title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure
Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield-distrikte. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is Frikkie van der Merwe, sy vrou en nog ’n vrou wat by hulle tuisgaan vanoggend omstreeks 02:00 op die plaas Vreugde in die Bothaville-distrik aangeval. Dit is nog nie duidelik hoe die verdagtes die huis binnegekom het en of iets gesteel is nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die verdagtes het met ’n silver Volkswagen Tiguan, met nommerplaat 105 TIP FS, op die vlug geslaan. Talle boere het op die voorval gereageer en paaie in die distrik geblokkeer. Boere en die Polisie is tans opsoek na die verdagtes. In die tweede voorval is Piet Swanepoel, ’n boer van die Smithfield-distrik, aangeval toe hy vanoggend 06:00 uit sy huis gegaan het. Die verdagtes het op Piet geskiet. Hy het die aanval afgeweer deur op hulle terug te skiet en vier verdagtes het op die vlug geslaan. Die voertuig waarin hulle gevlug het, is intussen gevind en boere en die Polisie is tans besig om die omgewing te deursoek opsoek na die verdagtes. Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Wet en Orde Komitee, sê boere se paraatheid het daartoe bygedra dat geen ernstige beserings of lewensverlies voorgekom het nie. “Hierdie paraatheid sowel as die spoedige aktivering van die Landelike Beveiligings Plan (LBP) en plaaswagte is ’n duidelike teken aan misdadigers dat boere en die Polisie sal voortgaan om in terme van die raamwerk van die plan saam te werk om misdadigers aan te keer en voorvalle en lewensverlies te voorkom.” Tommie sê VL wil boere weer eens versoek om deel te word van plaaswagstrukture om hulleself en hulle gemeenskappe te help beveilig. “Ons wil boere ook aanmoedig om hulself sodanig toe te rus dat hulle binne en buite hulle wonings paraat kan wees. Maak ook seker dat jou plaaswerkers deel vorm van jou plaas se paraatheidsplan.” Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar
http://www.proagri.co.za/twee-plaasaanvalle-die-vrystaat-binne-ure/
2016-09-14 20:48:52
Compass-groep verbind hulle tot hok-vrye eiers
Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik. Humane Society International en The Humane Society van die Verenigde State het saam met Compass groep vir ‘n paar jaar aan die ideaal gewerk. Die groep sê lêhenne word dikwels vir hulle hele lewe in klein en oorvol batteryhokke ingedruk sodat die hoenders nie eens ten volle hulle vlerke kan strek nie. Die gebruik van konvensionele batteryhokke vir lêhenne is verban in die Europese Unie, Amerika, Nieu-Seeland en Bhoetan. Die meerderheid van provinsies in Indië, wat die derde grootste eierprodusent in die wêreld is, het gesê die gebruik van die batteryhokke oortree die land se dierewelsyn-wetgewing en die land debatteer oor ‘n nasionale verbod. Chetana Mirle, direkteur van HSI Farm Animals, sê: “Met die verbintenis tot slegs hok-vrye eiers, sal Compass-groep die lewe van miljoene diere elke jaar verbeter.” Nicki Crayfourd, direkteur van gesondheid, veiligheid en omgewing by Compass-groep, sê: “Die verbetering van die welsyn van plaasdiere is ‘n belangrike fokus vir ons maatskappye en ons het die verkryging van hok-vrye eiers sedert 2009 ondersteun.” In Suid-Afrika, het Woolworths ‘n hok-vrye eierbeleid aangeneem, en hok-vry of “free range” eiers kan ook gevind word by Pick n Pay, Checkers en Spar. Bron: Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/compass-groep-verbind-hulle-tot-hok-vrye-eiers/
2016-09-21 13:51:14
Dom Boer se lag vir die dag:
Geduld, o geduld Die nuwe gevangene ontbied die sipier na sy sel. Gevangene: “Ek hou nie van die kos wat hier bedien word nie, ek hou nie van hierdie woonkwartiere nie en ek hou nie van die werk wat ek gegee word om te doen nie.” Sipier (sarkasties): “O, enigiets anders waarvan jy nie hou nie?” Gevangene: “Ja. Ek hou nie van die reël dat ons vroeg moet gaan slaap en vroeg moet opstaan nie. En ek hou ook nie van jou gesig nie.” Sipier (met groot selfbeheersing): “O, is dit nou al, of is daar nog iets waarvan jy nie hou nie?” Gevangene: “Nee wat, dit is voorlopig al. Ek wil nie hê jy moet dalk die indruk kry ek is onredelik nie.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-193/
2016-09-20 07:45:32
Nuwe geveg in die stryd teen renosterhoring- en ivoorsmokkelaars
Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars. Die EWT se deskundige snuffelhonde, naamlik Belgiese malinois, Renaldo, en Duitse herdershond, Condor, het die afgelope twee jaar hulle vaardighede in die opsporing van renosterhoring en ivoor in die pakhuise by die OR Tambo Internasionale Lughawe geslyp. Die honde is opgelei om renosterhoring en ivoor met behulp van die Mechem Explosive en Drug Detection System (MEDDS) op te spoor. Kirsty Brebner, EWT se renosterprojekbestuurder, beskryf dit as iets heeltemal nuut. Met konvensionele opsporing snuif honde fisies die teiken, of dit nou in tasse, pakkette, voertuie of enige ander medium gebruik word. MEDDS-tegnologie gebruik ‘n opsporingstelsel waardeur lug uit ‘n houer getrek word deur ‘n vakuumpomp aan ‘n spesiale filter te gebruik. Die lugmonster word dan na die hond geneem om daaraan te ruik en te sê of daar renosterhoring of ivoor in is. Hierdie metode is oorspronklik vir dwelms en plofstof ontwikkel en is baie suksesvol gebruik, veral waar dit moeilik is vir konvensionele opsporingshonde om te werk, soos skeepshawens. Nick van Loggerenberg, Afri Guard se opleidingsbestuurder sê: “Die opleiding van die honde het regtig glad verloop, aangesien hulle reeds op die renosterhorings en ivoor ingeprent is. Ons het hulle opgelei deur die MEDDS-stelsel te gebruik en het geëksperimenteer met die klimaatsverandering en verskillende soorte houers. Die metode werk.” Die werk is moontlik gemaak deur die ondersteuning van Afri Guard, TRAFFIC, Royal Canin, Hollard Pet Insurance, en Relate. Bron: Endangered Wildlife Trust Foto: Renaldo
http://www.proagri.co.za/nuwe-geveg-die-stryd-teen-renosterhoring-en-ivoorsmokkelaars/
2016-09-26 10:33:13
Die nuwe BMW M4 GTS: Witwarm speelding vir die renbaan
Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie. Spesiale M-modelle het al ‘n roemryke geskiedenis en tradisie by BMW M GmbH. Dink maar aan ikoniese modelle soos die BMW M3 GT, BMW M3 CSL, BMW M3 GTS en BMW M3 CRT waarvan ons in Suid-Afrika net die M3 CSL kon kry. Uiteraard het die witjasse by BMW M-divisie hulle oog gehad op die renbaan toe die GTS gekonseptualiseer was en dit spreek duidelik in die rengerigte uiterlike voorkoms en kajuit. Terwyl die reuse Michelin Pilot Sport Cup 2 (voor: 265/35 R19, agter: 285/30 R20) bande op eksklusiewe “M-light, M- Styling” liggewig allooiwiele met hul skel-oranje afwerking die oog vang, is dit die groot geventileerde koolstof-keramiek remskywe met goue M-Sport knypers, wat ’n geoefende oog sal beїndruk. Dit verklap dat hierdie kalant ook baie vinnig kan stop. Behalwe vir die spesiale wiele onder uitgeboude wielboë, word die M4 GTS ook buite onderskei van sy “gewone” stalmaats deur ‘n groot verstelbare drukvlerk op die stert. Ook hier sal die gesoute renbaan entoesias raaksien dat dit nie jou gewone “help-my-vinnig-lyk-diy-joppie” is nie, want die kenner sal dadelik raaksien dat hier baie spesiale ligggewig materiaal gebruik is en deur spesialiste doelgemaak is vir die renbaan. Hierdie drukvlerk, asook diespesiale koolstofvesel lugsnoer onder die voorste lugskort, kan van binne die motor verstel word soos wat jy ry/jaag. Daar is ook ‘n koolstofvesel lugskort agter tussen die vier fris uitlaatpype wat lugvloei reguleer. Met die innoverende gebruik van spesiale liggewig materiale kon die witjasse dit regkry om die die M4 GTS se gewig te beperk tot 1510 kg, wat ‘n uitstekende krag-tot-massa verhouding van 3,0 kg/perdekrag tot gevolg het. Die resultaat is dinamiese verrigting en uitsonderlike hantering. Gewig is buite en binne die kajuit besnoei. Die enjinkap en dakpaneel is byvoorbeeld van spesiale liggewig materiaal gemaak. Binne die kajuit is daar mildelik gebruik gemaak van koolstofvesel. So byvoorbeeld het die rengerigte sportsitplekke asook die liggewig middelkonsole en deurpanele heelwat koolstofvesel. Die deurpanele in die “Clubsport Package” -modelle het nie gewone knippe nie, maar word met ‘n materiaalbandjie oopgetrek. Die ‘Clubsport’ se agterste sitplekke moes ook plek maak vir ‘n liggewig, maar uiters sterk rolstaaf. Kom ons loer net na die amptelike verrigtingsyfers van hierdie spesiale BMW. Die M4 GTS gebruik die veelbekroonde 6-silinder turbo enjin wat ook in die M3 en M4 diens doen. Die geheim is dat die witjasse by M-divisie water inspuiting tegnologie gebruik waar water direk in die silinderkamers gespuit word. Dit vekoel nie net die enjin baie doeltreffend nie, maar die enjin se piek kraglewering word aansienlik verhoog tot 368 kW. Piek wringkrag is ook verhoog tot ‘n fris 600 Nm. Verrassend is egter dat die brandstofverbruik en CO₂ uitlate volgens BMW se amptelike syfers, stabiel gebly het by die vlakke van die gewone M3/M4 in ‘n gekombineerde siklus, naamlik 8,5 l/100 km en 199 g/km. Aandrywing is na die agterwiele deur ‘n 7-spoed M-DCT dubbelkoppellaar ratkas met “Drive-Logic” en “launch control” wat spesiaal vir die M4 GTS se verhoogde kraglewering aangepas is. Die 0-100 km/u lopie neem 3,8 sekondes en top spoed word beperk tot 305 km/u. Nou as bogenoemde syfers jou dalk nog nie behoorlik beindruk nie, hou in gedagte dat die M4GTS die legendariese Nürburgring-Nordschleife in ‘n amptelike 7 min 28 sekondes afgeblits het. Daar is slegs 700 eenhede van die M4 GTS gebou. Goeie nuus is 23 van hulle is bestem vir Suid-Afrika teen die sakpasprys van R2 203 900. Maar hier is die tranetrekker – al 23 het reeds eienaars. Ek het die voorreg gehad om die die M4 GTS, toegerus met die opsionele “Clubsport Package”, om die nuutgeboude Kyalami Internasionale Renbaan te looi. Die Clubsport Package wat spesiaal vir die baanentoesias ontwikkel is, kom ondermeer toegerus met die oranje rolstaaf, ‘n brandblusser asook ‘n rengespesifiseeerde 6-punt veiligheidsharnas om jou behoorlik in die sitplek vas te gord. Uiteraard was dit vir my as spoedvraat en renliefhebber ‘n heerlike ervaring om die besondere kar so vinnig as wat ek kan om die nuwe verbeterde Kyalami te jaag. Die belewenis om teen meer as 220 km/u in die pylvlak af te jaag, dan met ‘n skrale 100 meter voor die skerp draai na links hard op die remme te gaan staan en dadelik weer die versneller vas te trap om so vinnig moontlik uit die draai te versnel, kan eintlik nie in woorde beskryf word nie. Die ongelooflike greep en versnelling kan net in ‘n rasegte renmotor ervaar word – en dit beskryf die BMW M4GTS sekerlik die beste! ‘n Rasegte renmotor wat jy ook vir padgebruik kan lisensieer. Ek sou dit graag 100 maal per dag wil doen. Elke dag. Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
http://www.proagri.co.za/die-nuwe-bmw-m4-gts-witwarm-speelding-vir-die-renbaan/
2016-09-23 08:21:40
Aartappelkweker van die jaar 2016
By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum. JP het by ontvangs van die prys gesê dat boerdery nie ‘n eenmanvertoning is nie, maar dat sy sukses te danke is aan ‘n hele span wat agter hom staan. Die ander finaliste van die jaar was Frans Engelbrecht (Noordwes) en W & K Boerdery (Wes-Vrystaat). Al drie finaliste is Wesgrow-boere. Drie jaar se sertifikasiedata (vanaf registrasie tot beheerresultate) is gebruik om die wenner te bepaal. Bayer en die Aartappelsertifiseringdiens streef daarna om voort te bou op gehalte as die hoeksteen vir die bedryf. Albei organisasies staan vir volhoubaarheid vir alle belanghebbendes in die aartappelbedryf. Na ‘n moeilike jaar tydens die 2015/16 droogte, is dit baie duidelik dat volharding en betroubaarheid twee eienskappe is wat spelers in die aartappelbedryf sal ondersteun. Bayer, die hoofborg van die toekennings en verskaffer aan JP, streef daarna om toegang tot vernuwings te verskaf deur in navorsing te belê wat die boer help om homself teen probleme soos virusse te verdedig. So word volhoubare aartappelproduksie bevorder. Bayer het tydens die geleentheid hulle belofte van “Committed to the Future” bekendgestel, waarvolgens hulle die uitdagings van die toekoms verantwoordelik wil bestuur. Saam met die 18de toekenning aan die moerkweker van die jaar vier die Aartappelsertifiseringsdiens hulle 21ste bestaansjaar. Die diens het die afgelope 21 jaar ‘n leidende rol gespeel in die verskaffing van plantmateriaal van die hoogste gehalte aan die aartappelbedryf. Bron: Orange Ink Foto (Van links na regs): JP van den Berg en sy vrou, Linné, Sanette Thiart, besturende direkteur van Aartappelsertifiseringdiensn en Hennie van der Westhuizen, besigheidsbestuurder van Bayer.
http://www.proagri.co.za/aartappelkweker-van-die-jaar-2016/
2016-09-26 10:09:59
Limousin-bul vir R200 000 verkoop
La Rhone Limousins se Heart of the Herd-veiling het op 3 September in Tulbagh plaasgevind. Die veiling is deur BKB aangebied en Johan van der Nest was die afslaer. Die veiling is deur 400 kopers en belangstellendes bygewoon. Die duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi) is vir R200 000 aan Kandas Limousins van Ivan Gaya van Namibië verkoop. Die duurste koei (LR1114 La Rhone Marmite) is vir R140 000 aan Human Cronjé van Parys verkoop. ‘n Nuwe rekordprys van R150 000 is vir die vers LR1490 La Rhone Summer Sun betaal deur Maqelepo Investments van Ficksburg. Die totale aanbieding van 67 diere is verkoop vir ‘n totale omset van R3 959 000. Kategorie Aantal Gemiddeld Hoogste Koper Bulle 20 R74 250 R200 000 Kandas Limousins Koeie & kalwers 10 R75 000 R140 000 Human Cronje Dragtige koeie 13 R41 307 R100 000 R100 000 Xourel Beleggings Maqelepo Investments Verse 24 R49 458 R150 000 Maqelepo Investments Foto: duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi)
http://www.proagri.co.za/limousin-bul-vir-r200-000-verkoop/
2016-09-15 08:07:20
Sagtevrugtebedryf vereer uitblinkers
Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer. Die toekennings is vanjaar toegeken aan: – Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; – Sivuyile Maguga Solitswayi en Irene Jansen, saam vir Algemene Landbouwerker van die Jaar; – Earl Loxton, Toetreder van die Jaar; – Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar; – Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; en – Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning. Twee besondere landbouwerkers in die kategorie Algemene Landbouwerker van die Jaar, is vanjaar vereer. Sivuyile Maguga Solitswayi van die plaas Bronaar in die Koue Bokkeveld, en Irene Jansen van Wilhelm de Kock Boerdery by Worcester. Sivuyile is een van die ware helde van die sagtevrugtebedryf sonder wie geen boer kan klaarkom nie. Hy is een van die talle algemene landbouwerkers wat dag-in en dag-uit in die warm son vrugte pluk, takke snoei en uitdun, maar wat Sivuyile laat uittroon bo al die ander landbouwerkers is sy fenomenale produktiwiteitsrekord. Wanneer jy Sivuyile se produktiwiteitsindeks met die gemiddelde werker s’n vergelyk, doen hy meer as dubbeld die werk. Hy pluk meer, hy snoei meer, hy dun meer uit. Én hy is akkuraat teen ’n verstommende spoed − ’n ware boord-ster. Sivuyile het in 2013 op Bronaar begin werk. Volgens sy bestuurder stel hy hoë doelwitte aan homself en is hy altyd bereid om opdragte uit te voer. “Sivuyile is gemotiveerd en maak seker dat hy sy werk die eerste keer reg doen. Hy is by verre Bronaar se beste en vinnigste plukker. Hy is ’n aanwins vir ons besigheid en ’n uitstekende voorbeeld vir sy mede-werkers. Bronaar salueer hom vir sy uitstekende diens.” Irene Jansen se jong lewe het met heelwat uitdagings begin. As ’n voormalige inwoner van die Steinthal-kinderhuis by Tulbagh, is sy boonop ’n enkelouer. Maar teen alle verwagtinge in, is Irene besig om vir haarself ’n blink toekoms in die landbou uit te beitel. Irene se kollegas beskryf haar as ’n gebore leier en uitstekende voorbeeld vir ander werkers. “Irene is by bykans alle plaas-aktiwiteite betrokke, byvoorbeeld die dameskoor, gemengde koor en uitreikgroep. Sy het ook ’n bordspelgroep vir vroue begin. Daarbenewens hou sy van bak en brou en bederf die ander gereeld met soetgoed. Seisoentyd is Irene by gehalte-evaluering van vrugte en die manipulering van jong bome betrokke. Die ander werkers leer baie by haar en sy is altyd bereid om vrae te beantwoord en te verduidelik.” Landbou is Irene se passie en sy leef dit elke dag ten volle met ’n positiewe gesindheid uit. Charmaine Scholtz, Spesialis-landbouwerker van die Jaar, het ná skool onderwys studeer en op die plaas Remhoogte by Ceres as jeugwerker begin werk. Die vrugtegogga het gebyt en sy het gou besef dat landbou vir haar ’n groter uitdaging om haarself as mens te ontwikkel, bied. Charmaine is oorgeplaas na die vrugte-afdeling, waar sy as algemene werker begin het een deesdae die plaas se junior menslike hulpbronbestuurder is. “Charmaine is die soort mens wat elke geleentheid wat oor haar pad kom met oorgawe aangryp en ’n sukses daarvan maak. Haar besondere werksetiek en mensekennis maak van haar ’n staatmaker in ons onderneming,” meen Marina du Toit, haar bestuurder. Earl Loxton, Toetreder van die Jaar, is besig om sy merk as suksesvolle kommersiële boer in die Noord-Kaap te maak. Earl, wat sy landboudiploma by Elsenburg verwerf het, het in 2011 perseel 593 in die Eksteenvlei-gemeenskap buite Keimoes oorgeneem. Die wingerdstokke was oud en verwaarloos, en die perseel was klaarblyklik nie winsgewend nie. Earl het dadelik met ’n vernuwingsprogram begin en daar is nou 35 hektaar rosyntjiedruiwe en 7,5 hektaar wyndruiwe. Hy beplan om nog verder te diversifiseer en ander kultivars in te bring. Die afgelope drie jaar het hy ook deel gevorm van die Droëvrugte Tegniese Dienste se Jobs Fund-ontwikkelingsprogram. Deur hierdie inisiatief het hy ’n verdere 9,3 hektaar rosyntjiedruiwe aangeplant. Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar, is vereer vir sy bydrae die afgelope 45 jaar. Sy werk in verskeie landbou-segmente kan as baanbrekerswerk beskou word. Sy navorsingsprotokolle word internasionaal toegepas. Dr Piet evalueer tans steenvrugonderstamme vir die sagtevrugtebedryf. Die O.S.H. Reinecke Bedryfsleier-toekenning vir 2016 het aan Jack van Dyk gegaan vir sy baanbrekerswerk in veral arbeidsreg vir die vrugtebedryf. Jack, wat onder meer ’n staatsaanklaer en magistraat was voor hy in 1982 in die vrugtebedryf begin werk het, was ’n stigterslid en jare lange voorsitter van die Kaapse Agri Werkgewers-vereniging (KAW). Hoewel hy reeds afgetree het, is hy steeds ’n belangrike rolspeler in die Laborie Dialoog-inisiatief wat aandag gee aan sensitiewe landelike- en arbeidsake. Die vryskut-wetenskapskrywer, Engela Duvenage, het die Izethelo-toekenning ontvang vir haar bydraes oor die landbouwetenskap. Engela het erkenning ontvang vir haar bydraes om die agri-wetenskap meer toeganklik vir die algemene publiek te maak. Dié glansgeleentheid, wat ’n jaarlikse instelling van die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is, vind al die afgelope 41 jaar plaas. Foto – Vrugte wenners van links na regs: Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; Irene Jansen, Algemene Landbouwerker van die Jaar; Earl Loxton, Toetreder van die Jaar; Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning; Sivuyile Maguga Solitswayi, Algemene Landbouwerker van die Jaar. Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. Bron: Hortgro
http://www.proagri.co.za/sagtevrugtebedryf-vereer-uitblinkers/
2016-09-20 08:11:51
Gestremde skooldogter wen Engen se veteraanenjinoorbou-wedstryd
‘n Paralimpiese skool-atleet presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor. Liezel Gouws van Klerksdorp was die junior wenner van Engen en die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantrekker- en enjinklubs (SAVTEK ) se enjinrestourasie-uitdaging vir 2016. Die kompetisie het die restourasie van ‘n stilstaande enjin van ouer as 30 jaar behels. Die wenners van die byeenkoms is by die Bloemfontein Familie Trekker- en Kosfees by die Ferrari Museum in Kwaggafontein, Bloemfontein aangekondig. Liezel (17 jr) het die eerste plek in die junior-afdeling vir skoliere verwerf en het R20 000 ontvang. Sy het ‘n 1963 Wolseley-enjin gerestoureer. Sy het ook onlangs aan die Paralimpiese Spele in Rio deelgeneem en in die Klas T37 100 m en 400 m in die finale rondte gehardloop. Gerick Muller van Mosselbaai was tweede en Rudolf Gouws van Klerksdorp derde. Hulle het albei R15 000 en R10 000 ontvang in die junior-afdeling. In die senior-afdeling (nie ouers as 35 jaar nie), het Torsten Löwe van Pretoria weggestap met die R50 000 eersteprys. Hy het ‘n 1951 Deutz MAH 914-enjin gerestoureer. Tweede was Johann Rust van Kuilsrivier (R20 000) en Francois van Rooyen van Brackenfell (R15 000) was derde. Alle deelnemers is versoek om ‘n werkboek met foto’s en dokumentasie van hulle prosesse te voltooi, daarin moet die deelnemer alles wys wat hy regmaak en komponente uitwys wat dalk nie beskikbaar was nie. Saam met die werkboek is hulle enjins uitgestal en beoordeel op ‘n plaaslike vlak in die semi-finaal. By die enjin word daar gekyk of elke moertjie en boutjie oorspronklik is, asook die meganiese werking daarvan en laastens word ‘n onderhoud met die deelnemer by sy enjin gevoer. Die deelnemer beskryf dan aan die beoordelaars hoe hy die restourasieproses ervaar het en hoe daar vooruitgang gemaak is. “Ons is baie opgewonde om betrokke te wees by hierdie inisiatief,” sê Paul Leask, Engen smeermiddels se nasionale verkoopsbestuurder. “Engen se verbintenis met veteraantrekkers en ons ondersteuning vir jeugontwikkelingsvaardighede maak dit geskik vir ons. “Engen het saam met SAVTEK hierdie erfenisprojek aangegryp en het ontdek dat – behalwe die meganiese aspekte – die uitdaging mense bymekaar gebring het, verhoudings gebou het en ‘n herinnering gebring het dat hoop en nuwe lewe gebeur wanneer liefde en sorg saam kom,” voeg Paul by. Engen het ingestem om R250 000 se pryse beskikbaar te stel en om te help met die bemarking van die kompetisie wat by Agri Megaweek in September 2015 geloods is. Christo Pieterse, voorsitter van SAVTEK se Sentrale Vrystaatklub glo dat die kompetisie grootliks suksesvol was. “Die lae koste van ongeveer R2 500 om ‘n ou enjin te koop en R3 000 om dit te herstel, het die kompetisie baie aantreklik gemaak, met 27 seniors en 14 juniors wat meegeding het,” sê hy. Feature Foto: Die junior wenners van links na regs, Nadine Gouws en haar broers Rudolf en Jaco van Klerksdorp in die derde plek, Gerick Muller van Mosselbaai in die tweede plek en die wenner, Jannie en Liezel Gouws van Klerksdorp met Paul Leask, Engen smeermiddels nasionale verkoopsbestuurder, M.J. Herbst van Bloemfontein in die vierde plek en agter hom, Johan Lourens met sy seun Barend van Bloemfontein wat vyfde was. Bron: Magna-carta
http://www.proagri.co.za/gestremde-skooldogter-wen-engen-se-veteraanenjinoorbou-wedstryd/
2016-09-29 17:45:25
Beste praktyke vir roofdierbestuur in Suid-Afrika: Deel 2
Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en -beheer. Dit noem ‘n aantal van die metodes wat boere as riglyn kan gebruik (alleen of in kombinasie) om hulle vee teen roofdiere te beskerm. Alle moontlike bestuursmaatreëls moet ingespan word om probleemdiere op ‘n sosiaal aanvaarbare ekonomies verantwoordbare/bekostigbare; ekologies versoenbare en wettige wyse te beheer. Verlede keer is die voorkomende bestuursmaatreëls uitgelig wat gebruik moet word, hierdie keer fokus ons op die regstellende bestuursmaatreëls. Skiet Onmiddellike optrede. Dit is nodig om onmiddellik nadat ‘n roofdier toegeslaan het, te skiet om die spesifieke roofdier wat die skade veroorsaak uit te skakel. Daar moet net geskiet word op die spesifieke plek waar roofdiere vee vang. Presisie. Gebruik slegs ervare probleemdierjagters. Spesie-identifisering. Probleemdierjagters moet spesies korrek identifiseer voordat daar op hulle geskiet word. Noukeurige gebruik van roepapparaat. Slegs ervare probleemdierjagters behoort roepapparaat te gebruik. Slegs rooi soekligte moet gebruik word omdat wit lig diere skugter en ontwykend maak. Skiet vanuit helikopters of mikroligte vliegtuie. Slegs professionele probleemdierjagters behoort van helikopters gebruik te maak. Grondeienaars oor wie se eiendom daar gevlieg gaan word, moet vooraf verwittig word en ook hulle toestemming skriftelik verleen dat roofdiere wel op hulle grond vanuit ‘n helikopter gejag mag word. Vangysters met verstelbare snellerplate Slegs mense wat opgelei is om vangysters te gebruik, moet sulke apparate stel. Vangysters moet verstelbare snellerplate hê. Die ideale snellermassa is 1,8 kg. Vangysters se kake moet ‘n opening van minstens 5 cm hê om beenbreuke aan die teikendier se bene te voorkom. Vangysters moet nie in die normale looppaadjies van diere gestel word nie, maar so gestel word dat dit uit die sig en uit die looppad van ander diere is. Dit moet ook nie in voertuigpaadjies, langs grensheinings, onder deurloopplekke of langs drinkplekke gestel word nie. ‘n Anker moet gebruik word om die slagyster vas te pen sodat die dier wat daarmee gevang is, nie daarmee wegloop nie. Die anker moet met ‘n ketting onderaan die slagyster geheg word. Die ketting moet twee draaiskywe bevat sodat die slagyster vryelik kan beweeg. Vangysters moet minstens een keer elke dag nagegaan word sodat diere nie langer as ‘n paar uur daarin sal vassit nie. ‘n Geskikte lokmiddel soos uriene of mis van die teikendierspesies, moet gebruik word. Verkry sulke materiaal van diere wat wettig aangehou word of versamel dit van diere wat vankant gemaak is. Soek ook na vars mis elders op die plaas waar die diere mag wees. Roofdiere mag nie vir die doeleindes van mis-en urienversameling aangehou word nie. Inloopvanghokke Vanghokke moet van stewige metaal vervaardig word en nie skerp kante hê wat diere sal beseer nie. Vanghokke moet so gestel word dat daar skaduwee is gedurende die warm tye van die dag. Vanghokke moet minstens een keer elke dag nagegaan word. Spesifieke vereistes vir vanghokke verskillende spesies: Rooikat Die hok moet langs die rooikat se looppad geplaas word en net aan die sykante met takke toegepak word. ‘n Opgerolde bolletjie aluminiumfoelie moet in die vanggedeelte van die hok opgehang word. Lokaas in die vorm van skaapvleis of bokvleis is die aangewese manier om die rooikatte na die hokke te lok. Dit is ook sinvol om urine van ‘n rooikat te versamel en as reuklokmiddel in ‘n sandbak in die hok te plaas. Uriene kan bekom word vanaf dieretuine wat rooikatte aanhou en ook vanaf rooikatte wat desnoods vankant gemaak moet word. Wanneer ‘n rooikat wel gevang is, moet dit op menslike wyse vankant gemaak word indien dit nie losgelaat word nie. ‘n Enkele kopskoot met ‘n mediumkaliber vuurwapen is die vinnigste en beste manier om so ‘n dier vankant te maak. Luiperd Die hok moet baie sterk en stewig wees. Dit moet verkieslik naby die luiperd se krapboom geplaas word en glad nie met enige materiaal bedek word nie. Stukke verrottende lokaas moet in die vanghok geplaas word en dit moet met draad vasgemaak word. Bloedspore moet met die lokaas uit verskillende rigtings vanaf 100 meter van die hok af na die hok gesleep word. Die hok moet verkieslik ook met penne in die grond geanker word. Wanneer ‘n luiperd gevang is, moet die hok met ‘n dik seil bedek word sodat die dier kalm bly. ‘n Veearts behoort die dier te verdoof voordat dit vervoer word om te keer dat die luiperd beserings in die hok opdoen. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Wanneer ‘n luiperd vrygelaat word, moet alle mense binne die veiligheid van voertuie wees om aanvalle van die geïrriteerde luiperd te ontkom. Jagluiperd Jagluiperds word geredelik gevang deur ‘n takkraal van ongeveer 20 meter in deursnee te bou en ‘n inloop vanghok as die enigste ingang in die kraal te voorsien. Vangkrale moet opgerig word waar die diere aktief is soos by hulle speelbome. Die inloopvanghok moet aan die agterkant oop wees en bo-op met stewige doringbosse bedek wees. Die lokaas is ten beste ‘n lewende boerboklam of selfs volwasse boerbok. Wanneer ‘n jagluiperd gevang is, moet die hok bedek word en die dier kan gemaklik vervoer word. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Jagluiperds mag nie doodgemaak word nie en moet hervestig word. Bruin hiëna Luiperdvanghokke is noodsaaklik vir bruin hiënas omdat die diere geweldig sterk is en swak hokke maklik oopbreek. Die hokke kan naby die plek waar die dier vee gevang het, opgerig word en kan sonder enige bedekking gestel word. Die beste lokaas is lammerkarkasse of selfs dooie hoenders. Reukspore kan ook na die hok gesleep word om die bruin hiëna nader te lok. Wanneer bruin hiënas gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Hokke hoef nie met enige plante verskans te word nie, maar maar moet wel bedek word nadat die diere gevang is om hulle kalm te hou. Dit is wenslik om hulle deur ‘n veearts te laat verdoof voordat hulle vervoer word. Otters Otters word maklik met rooikatvanghokke gevang. Gebruik reste van eende, ganse of klein lammers as lokaas. Vanghokke moet langs visdamme opgerig word en moet stewig geanker word sodat die dier se beweging in die hok nie daartoe lei dat die hok in die water val nie. Wanneer otters gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie. Silwervos en groukat Gewone rooikatvanghokke met lammerreste as lokaas werk baie goed vir albei diere. Wanneer hulle wel gevang word, is dit wenslik om hulle in klein (5 meter by 5 meter) draadkampies met draadbedekking bo-oor aan te hou tot tyd en wyl lammers te groot is om deur hulle gevang te word. Let wel: Alvorens so iets aangepak word, moet die grondeienaar eers ‘n permit by die provinsiale natuurbewaringsowerheid bekom. Die diere moet van koelte (takke oor ‘n deel van die hok), vars water en daaglikse kos soos springhaas- en haasreste voorsien word. Wanneer die rooftyd verby is, moet hulle weer in hulle eie gebied vrygelaat word. Bykomende veiligheidsmaatreëls vir vanghokke Diere met lang sterte soos luiperds en jagluiperds se sterte word soms erg beseer wanneer die valhekke daarop val. Dit is dus wenslik om die onderkant van die valhek met dik, sponsagtige rubber te bedek om sulke beserings te voorkom. Ongebruikte vanghokke moet nie in die veld gelaat word en moet veilig op die plaaswerf in ‘n skuur gebêre word sodat dit nie in die hande van stropers val nie. Gebruik van gifstowwe Giflokaas Geen vergiftigde lokaas mag in Suid-Afrika gebruik word nie. Regulasie R1716 van 26 Julie 1991 van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) verbied die gebruik van enige plaagdoders vir doeleindes anders as dit wat op etikette aangedui word. Daar is geen plaagdoders vir die doodmaak van roofdiere geregistreer nie en dus mag geen plaagdoders daarvoor aangewend word nie. Gifhalsbande Gifhalsbande wat met natriummonofluoorasetaat gevul is, mag wel gebruik word om skadeveroorsaakende roofdiere selektief mee vankant te maak. Geen ander gifstowwe mag in gifhalsbande gebruik word nie. Gifhalsbande mag ook slegs gevul en voorsien word deur mense wat die nodige permitte ingevolge die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, 1973 (Wet 15 van 1973) daarvoor het. In ’n kamp waar roofdierbedrywighede plaasvind word ‘n aantal jong lammers met gifhalsbande toegerus en saam met volwasse skaap laat loop. Enige roofdier wat met gif vankant gemaak is, moet onmiddellik baie diep begrawe of totaal verbrand word om sekondêre vergiftiging te voorkom. Jag met honde Soek, vind en vankant maak. Slegs opgeleide jaghonde moet gebruik word. Honde moet nie vryelik in die veld rondhardloop nie en aan leibande gehou word totdat die teikendier sigbaar word. Jaghonde moet baie goed versorg word sodat hulle nie uit hongersnood agter wild aanhardloop en op die manier jag nie. Jaghonde moet gereeld ingeënt word en deur ‘n veearts ondersoek word om optimale gesondheid te verseker. Soek en vind. Dis waar honde gebruik word om die roofdier se spoor te vat en die dier te vind waarna die roofdier dan doodgeskiet word. Honde moet as spoorhonde opgelei word. Honde moet nie losgelaat word om self die roofdier dood te maak nie. Indien die roofdier opgespoor word, moet dit geskiet word. Opspoor te perd en dan doodmaak. Dis waar perderuiters die roofdier se spoor vat en die roofdier dan in ‘n skuiling, soos ‘n erdvarkgat, injaag. Opleiding deur gekwalifiseerde persone en geloofwaardige instansies Beginsels van roofdierbestuur, identifisering van roofdiere verantwoordelik vir veeverliese en die gebruik van geskikte beheermaatreëls is onontbeerlik. Skakel gerus met die sekretariaat van die Predasiebestuursforum vir verdere inligting in die verband of om ‘n kursus aan te vra. Opleiding is belangrik vir sowel die boer as die plaaspersoneel wat by veebestuur en -produksie betrokke is. Samevatting Die omvattende verskeidenheid metodes om roofdiere mee te bestuur gee vir veeboere en wildboere genoeg opsies om die roofdierprobleem redelik doeltreffend te bestuur. Dit is belangrik om alle opsies te oorweeg en verskeie metodes gelyktydig te ontplooi. Voorkomende maatreëls is meestal goedkoper as regstellende maatreëls en beskerm ook die boer se vee en wild teen aanvalle van roofdiere. Verdermeer behoort boere binne gemeenskapsverband saam te werk omdat roofdiere oor baie groot gebiede beweeg en ‘n enkele dier op verskeie plase skade sal aanrig. Die algehele uitwissing van roofdiere is nie haalbaar nie maar die probleem kan wel beheer word met goeie beplanning en die ekologies sensitiewe aanwending van bestuursmaatreëls. Bron: Predasiebestuursforum
http://www.proagri.co.za/beste-praktyke-vir-roofdierbestuur-suid-afrika-deel-2/
2016-09-23 07:02:20
VL help meer as 5 700 boere in die droogte
’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang. Meer as 540 nuweling- en bestaansboere is ook bygestaan met 13 vragte voer. Op Dinsdag, 20 September 2016, het die Geluksdam Boerevereniging buite Bloemfontein ’n deel van die vrag voer wat hulle van besproeiingsboere van Luckhoff ontvang het, aan nuwelingboere van Lorierpark buite die stad geskenk. AfriVet het die groep ook bygestaan met vitamien- en mineraal-aanvullings ter waarde van R12 000. Zach Choane, een van die nuwelingboere, sê oorlewing as boer en die aankoop van voer is ’n stryd die afgelope 11 maande en hulle is dankbaar vir enige bystand. Volgens Zach het hulle nog geen hulp van die staat ontvang sedert die aanbreek van die droogte nie. Die groep het sowat 240 beeste. Boere van Geluksdam sê van hulle het redelik reën ontvang gedurende Julie en hulle wou eerder die bale wat hulle ontvang het met diegene deel wat dit nodiger het. “Ons boerderye is nie ver van Lorierpark nie, en ons kan die mense en diere se swaarkry sien, derhalwe het ons besluit om van die voer vir hulle te gee. Ons weet dit los nie al hulle probleme op nie, maar dit kan hopelik verligting vir ’n tyd lank bring,” sê Laurens Schlebusch, boer en streekverteenwoordiger vir VL. Van die ander gebiede se nuwelingboere wat al bygestaan is, sluit in Steynsrus, Oppermansgronde, Trompsburg, Edenburg, Koffiefontein, Fauresmith en Jagersfontein. VL het die verspreiding van 15 646 bale, 20 ton voerhawer, 17 301 sakke droogtepille/voer/lekblokke asook 3 400 liter minerale- en vitamienestroop van AfriVet oor 71 934 km gereël. Sowat R2 017-miljoen is spandeer vir die aankoop van 9 710 sakke droogtepille en die baal van mieliereste, terwyl vervoerkostes sowat R1 205-miljoen beloop het. Die totaal tot dusver spandeer beloop net meer as R3 222-miljoen. Dié fondse is afkomstig van VL se eie rampfonds asook fondse wat Agri SA se Droogtehulpfonds aan VL toegeken het. Henk Vermeulen, hoofuitvoerende beampte van VL, sê: “Ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor elke individu, organisasie en sakeonderneming wat steun aan boere in hierdie uitdagende tyd bied!” Bron: Vrystaat Landbou
http://www.proagri.co.za/vl-help-meer-5-700-boere-die-droogte/
2016-09-21 07:59:26
Dom Boer se lag vir die dag:
Daar is altyd ‘n prys By ‘n vervelige onthaal sien ‘n jongman ‘n statige middeljarige dame met ‘n pragtige enkele diamant aan ‘n snoer om haar nek. Jongman: “Verskoon my dat ek vra, maar ek kan nie help om die pragtige diamant op te merk nie. Dit is werklik iets besonders.” Statige dame: “Ja, dit is die Heinitz-diamant.” Jongman: “Die Heinitz -diamant? Ek is bevrees ek het nog nooit van die diamant gehoor nie.” Statige dame: “Ja, min mense weet van hom. Hy is net effens kleiner as die Hope-diamant en net soos met die Hope-diamant moet enigeen wat hom dra met ‘n verskriklike vloek saamleef…” Jongman: “Genugtig! Watse vloek?” Statige dame: “Meneer Heinitz.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-199/
2016-09-28 11:01:25
Nuwe slimfoon-toepassing voorkom botsings in Japan
Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie. Die Toyota-Motorkorporasie, die Komeda-maatskappy Beperk en die KDDI-korporasie het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Die toepassing kyk of die bestuurder sy foon gebruik en indien nie kry hy ‘n gratis yskoffie. Die veldtog is daarop gemik om die aantal botsings in die Aichi-streek te verminder – dit is die streek waar die meeste botsings as gevolg van slimfone voorkom. Die Driving Barista-slimfoontoepassing kan net binne die Aichi-streek gebruik word. Die toepassing gebruik ’n girosensor om die hoek waarteen die foon gehou word te meet en die GPS om die afstand gery te bepaal, en bereken dan die afstand wat die bestuurder met die foon met sy gesiggie na onder gery het. Wanneer die saamgestelde afstand die 100 km-kerf bereik, ontvang die bestuurder ’n koepon vir ’n gratis yskoffie by ’n Komeda-koffiewinkel. Toyota SA hoop Suid-Afrikaners sal ook hierin belangstel as hulle iets gratis kan kry. “Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste padongeluksyfers en nagenoeg 25% van hierdie botsings word deur bestuurders veroorsaak wat hulle selfone agter die stuur gebruik,” het Glenn Crompton, visepresident van bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Suid-Afrika ervaar ’n toename in ongelukke wat veroorsaak word wanneer motoriste hulle slimfone in die ry gebruik, wat ’n groot ekonomiese uitwerking op die land se BBP het. Toepassings soos Driving Barista kan help om padongelukke wat deur selfoongebruik veroorsaak word, aansienlik te verminder, wat ons paaie nie net veiliger sal maak nie, maar ook die uitwerking daarvan op die ekonomie sal verminder. Driving Barista is nog in die loodsfase, maar ons hoop dat soortgelyke toepassings gou hul opwagting in Suid-Afrika sal maak.” Die Aichi-streek het die afgelope 13 jaar agtereenvolgens die meeste noodlottige botsings in Japan gehad. In 2015 was daar 44 369 botsings wat beserings of sterftes veroorsaak het. Daarbenewens was daar ook 50 101 in hegtenisnemings weens die gebruik van slimfone agter die stuur. Volgens een peiling het sowat 60% van die deelnemers erken hulle gebruik hulle selfone wanneer hulle bestuur, terwyl sowat die helfte van hulle gesê het hulle ry met net een hand op die stuurwiel. Die maatskappye hoop nou die nuwe toepassings sal bestuurders se bewustheid verhoog om nie hulle slimfone te gebruik wanneer hulle bestuur nie. Bron: Nuusvrystelling
http://www.proagri.co.za/nuwe-slimfoon-toepassing-voorkom-botsings-japan/
2016-09-28 11:34:54
Rooivleispryse kan met 15% styg
Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg. Paul Makube, landbou-ekonoom, sê die styging is te wyte aan die voorsiening van vee wat minder geword het. “Dit is as gevolg van die droogte, dit het boere gedwing om hulle beeskuddes te verklein.” Indien die reën kom kan boere weer hulle kuddes opbou. “As die getalle weer toeneem sal die produksiesiklusse ook toeneem,” het hy gesê. Rooivleisslagtings was ook vanjaar aansienlik hoër in vergelyking met die afgelope drie jaar as gevolg van die droogte. Volgens FNB is die slagting van skape tans 111% hoër as in 2015. Stygende verbruikersaanvraag is ook ‘n faktor wat bydra tot die hoër pryse voor die feesseisoen. Daar word ‘n seisoenale prysverhogings tussen R3,4 per kilogram en R5,7 per kilogram vir Klas A beesvleis verwag. “Verbruikers wat verkies om ‘n Klas A-lam oor die feestyd te braai kan verwag om tussen R5,6 en R9,4 per kilogram meer te betaal,” sê Paul. Die stygende rooivleispryse kan die vraag na varkvleis bevoordeel. “Verbruikers sal oorskakel na meer bekostigbare vleis.” Maar dit is nie noodwendig waar vir pluimvee nie aangesien invoere ‘n impak op pluimvee se pryse het. Dit gaan ook oor waar jy vleis aankoop, want bemarkingskostes is ook by die pryse ingesluit. Bron: Fin24.com
http://www.proagri.co.za/rooivleispryse-kan-met-15-styg/
2016-09-21 14:04:49
Veediewe loop hulle rieme styf in die Vrystaat
Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape gesteel het en in die tweede voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle besig was om 10 beeste te steel. Lomon Terreblanche, veiligheidskoördineer van die Edenville Boerevereniging, sê die arrestasies spruit uit goeie samewerking tussen boere en die Polisie. Veediewe teiken die gebied die afgelope paar maande, en die vermoede bestaan dat die aangekeerde verdagtes met meer as een saak verbind kan word. Die arrestasies het gevolg na die boere wat die gebied gepatrolleer het, die Polisie van verdagte optrede in kennis gestel het. Boere patrolleer die gebied elke nag met sewe voertuie. In ’n derde voorval is vier verdagtes in die Brandfort-distrik aangekeer terwyl hulle besig was om 43 beeste te steel. Die groep word al lank deur die Valke ondersoek en nadat inligting van beplande aktiwiteite uit die gebied ontvang is, kon die Polisie op hulle toeslaan. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, sê twee voorvalle waartydens die Polisie vyf verdagtes vir skrootdiefstal in hegtenis geneem het, is ook die naweek aangemeld. Die twee voorvalle het in Deneysville en Oranjeville voorgekom. “Ons wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die talle boere en Polisiebeamptes wat hulle beste gee om misdadigers aan te keer. Talle Polisiebeamptes doen hulle uiterste bes om veral veediefstal te probeer bekamp. Dit is jammer dat talle van hierdie geesdriftige mense se werk bemoeilik word deur ’n gebrek aan voertuie by Polisiestasies. Ons is bewus van veediefstalbeamptes wat al 22 km per voet afgelê het om by tonele uit te kom,” aldus Tommie. Die tekort aan voertuie is ’n kwessie wat gereeld met die topbestuur van die Polisie bespreek word. Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum Tommie het ook die Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum bedank vir hulle harde werk om veediefstal tussen die Vrystaat, Gauteng en Noordwes vas te vat. Een van die sake waarop die forum tans fokus, in samewerking met die Polisie, is veediewe wat diere met kapmesse doodmaak en slag. “Hulle kap meestal die beeste se hakskene met pangas af en sny die beeste se boude af,” verduidelik Johan Stadler, voorsitter. Die groep het sedert 29 Julie 2016 al vyf keer toegeslaan op plase in Noordwes en die Vrystaat. Met die laaste twee voorvalle is die groep wel vort sonder van die vleis en hulle slagmesse. Statistiek Die lessenaar het die afgelope twee en ’n half maande 43 ernstige voorvalle van veediefstal in die Vrystaat aangeteken. Meer as 190 beeste, 700 skape en 10 perde is tydens dié voorvalle gesteel. Dit wil voorkom of skape die meeste gesteel word, met vier voorvalle van meer as 120 skaap wat per insident gesteel is. In een voorval by Ficksburg aangemeld, is 169 skape gesteel en in twee voorvalle by Brandfort is 126 en 129 skape gesteel. ’n Voorval is ook by Qwa-Qwa aangemeld waar meer as 120 skape gesteel is. Meer as 25 verdagtes is in verband met nege voorvalle aangekeer deur boere en/of die Polisie. Sowat 120 stuks vee is in nege voorvalle teruggevind. Oor ’n tydperk van ’n maand is veediefstal ter waarde van R476 000 by sewe Polisiestasies in die Ficksburg Cluster aangemeld, met die Zamdela Cluster (wat Sasolburg insluit) se verliese vir een maand wat R500 000 beloop het. Veediefstalverliese wat in die Trompsburg Cluster oor ’n periode van drie maande aangemeld is, beloop meer as R1-miljoen. Te midde van die droogte plaas hierdie erge toename in veediefstal verdere ekonomiese druk op landelike ekonomieë, wat op die ou end ook ’n verlies van inkomste vir die staat tot gevolg het. Vrystaat Landbou vergader binnekort met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Departement van Justisie om die belangrikheid van swaarder strawwe vir veediewe weer eens te beklemtoon. Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar
http://www.proagri.co.za/veediewe-loop-hulle-rieme-styf-die-vrystaat/
2016-09-20 07:40:50
Kry jou sit met LEXUS se nuwe spinnekopwebsitplek
Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul. ’n Spinnekopwebagtige net pas knus om die vorm van die liggaam, wat die las vir langdurige sitgemak en volmaakte liggaamsondersteuning versprei; dit sal veral goed werk vir Lexus-liefhebbers wat ver ry. Deur bloot in die sitplek te sit, help om kopbewegings wat deur die voertuigbeweging veroorsaak word, te stabiliseer. Die sitplekraam se bekleedsel bestaan uit ’n veselnet in ’n spinnekopweb-patroon met veseldrade wat straalvormig van die middel van die rugleuning af uitkring. Die net is buigbaar genoeg om die vorm van die insittende se liggaam knus te pas, wat die las verdeel en dit moontlik maak om vir lang tye gerieflik te sit. Dit sitplek het ’n dunner ontwerp, wat die algehele massa van die motor ook verminder. Die vesels waaruit die samestelling van die rugleuning se spinnekopweb-patroon bestaan, is van omgewingsvriendelike sintetiese spinnekopsy-materiaal in plaas van produkte wat petroleum bevat, gemaak. Die hoofkomponent van hierdie materiaal is proteïen. Bron: quickpic
http://www.proagri.co.za/kry-jou-sit-met-lexus-se-nuwe-spinnekopwebsitplek/
2016-09-21 06:04:44
Mitsubishi se toekomstige sportnuts-ontwerp in die kollig by Paryse Motorskou
Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie. Die GT-PHEV Concept volg in die spore van die XR-PHEV, wat in 2013 by die Tokiose Motorskou vertoon is, en die XR-PHEV II, wat die skare by die Geneefse Motorskou in 2015 behoorlik aan die gons gehad het. Soos die geval met sy voorgangers was, sal die GT-PHEV Concept ’n reuse sprong maak in die gebruik van hibriede vierwiel-tegnologie. Die konsepvoertuig sal tergelykertyd aan skougangers ’n blik op die ontwerpbenadering van Mitsubishi’s van die toekoms gee. Vooraan die GT-PHEV se lang lys tegniese vernuwings is ’n splinternuwe inprop-hibrieddryfstelsel. Dié stelsel gebruik drie elektriese motors en ’n klein, skoon-binnebrandenjin om al vier wiele aan te dryf. Die stelsel het ’n teoretiese reikafstand van 120 km op elektriese aandrywing en ’n allemintige 1 200 km indien al die hibriede stelsels ook gebruik word. Een van die elektriese motors word saam met die enjin voorin die GT-PHEV Concept ingespan en die ander twee is op die agter-as ingebou, elk gekoppel aan een van die agterwiele. Hierdie uitleg gee die GT-PHEV Concept ware 4×4-aandrywing. Die GT-PHEV Concept is nie net ’n vertoonvoertuig vir Mitsubishi se moderne aandrywingstegnologie nie, maar bied ook ’n blik op sy toekomstige ontwerprigting. Mitsubishi het hul inspirasie van die nuutskepping “Ground Tourer” (dit is die GT-gedeelte in GT-PHEV) as aansporing vir sy ontwerp van ’n dinamiese veldry-gefokusde sportnuts geneem. Die ontwerpers het aan die voorkant van die GT-PHEV Concept ’n nuwe weergawe van Mitsubishi se Dynamic Shield-stileringskonsep gebruik. Die konsep integreer ’n forse sierrooster, groot voorste buffer en die voorligte om ’n ‘skild’ te vorm, wat die voertuig ’n indrukwekkende voorkoms gee. Die GT-PHEV Concept se dinamiese inslag word op sy beurt uitgebeeld deur die voertuig se hoë skouerlyn, breë heuplyn en die gebruik van ’n sogenaamde drywende dak, wat die indruk skep dat dit los van die voertuig is. Die idee, aldus die ontwerpers, was om ’n voertuig te ontwerp wat lyk asof dit van een enkele stuk staal gekerf is. Een van die beloofde nuwighede in die binneruim is ’n internet-gekoppelde beheerstelsel wat deurlopend ’n legio data-bronne raadpleeg om die voertuig se verrigting en verstellings dinamies aan te pas. Die databronne sluit die voertuig se eie sensors en kameras in sowel as inligtingsbronne soos die weerdiens, verkeerspatrone en inligting oor die pad. Dit stel die voertuig in staat om outonoom te verstel om met die hulp van Mitsubishi se S-AWC-stelsel ten beste by die omgewing aan te pas. Die Paryse Motorskou word van 1 tot 16 Oktober gehou. Bron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika
http://www.proagri.co.za/mitsubishi-se-toekomstige-sportnuts-ontwerp-die-kollig-paryse-motorskou/
2016-09-26 11:07:05
Dom Boer se lag vir die dag:
Alles draai daarom Inbreker Een: “Haai, dit is die groot bokskampioen se huis hierdie! Ons kan nie hier inbreek nie – hy sal ons doodslaan!” Inbreker Twee: “Ontspan. Dit is doodveilig. Ek lees in die koerant hy weier om vir minder as honderdduisend rand te baklei.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-188/
2016-09-14 06:52:26
Syngenta vier slimboerdery by hulle Bewese Tegnologie-beraad
Syngenta, ‘n wêreldleier in landboutegnologie, hou hierdie week ‘n beraad vir aartappel- en somergraanboer. Dit staan bekend as die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad. Deur die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad wil Syngenta plaaslike produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, produkte aankoop en in gewasse belê te verander, wat daartoe sal lei dat hulle op die lang duur slim besluite sal maak en groter opbrengste sal lewer. Die hoofdoel van die Beraad is om produsente te betrek deur tegnologie as die hooftema te bespreek. Twee van Syngenta se denkleiers is ook by die geleentheid aan die woord: Ron Wohlhauser praat oor Toepassingstegnologie en Dino Sozzi oor Formuleringstegnologie, met die fokus op Syngenta se swamdoder, Amistar, en die onkruiddoder, Callisto, asook die produktegnologie-markleier, PotatoPack. Boere kan eerstehands kennis maak met Syngenta se Formuleringsaanleg, hulle Saadsorginstituut (die eerste op die Afrika-kontinent) en die handelskou op Brits, wat Syngenta se nuwe deurbraak-onkruiddoderverpakkingsbaan ten toon stel. Die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad is in lyn met Syngenta se Goeie Groei-plan, wat daarop gemik is om die volhoubaarheid van die landbou op wêreldskaal te verbeter teen 2020. Syngenta bereik nie net boere met die veldtog nie, maar ook verbruikers. Die maatskappy sê in ‘n verklaring: “Verbruikers regoor Suid-Afrika bewus moet wees van die kritieke rol wat ons produsente in ons gemeenskap speel, asook van die uitdagings waarmee ons produsente te kampe het om voortdurend voedsel aan ons land te voorsien.” Syngenta het dus saamgespan met die nasionale uitsaaier, RSG, om aan boere die erkenning te gee wat hulle verdien. “SlimBoer, ʼn oes van Slim Keuses” word hierdie week daagliks uitgesaai op RSG se Tjailatyd met Amore Bekker. Luisteraars word aangemoedig om hulle stories te deel oor die rol wat boere in hulle daaglikse lewe speel, en boere vertel wat dit behels om in hierdie moeilike tye ’n produsent in Suid-Afrika te wees. Luisteraars kan inbel om hulle stories te vertel en staan ook ’n kans om R2 500 kontant te wen. “In hierdie era is daar talle veranderlikes wat ’n impak op ons landboubedryf het. Hoewel ons geen beheer oor party daarvan het nie, is daar dié wat beïnvloed kan word tot voordeel van die produsentegemeenskap sowel as die verbruikers. Syngenta se SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad verteenwoordig maar net nog ’n stap daarin om harmonie te verkry ondanks teëspoed.”
http://www.proagri.co.za/syngenta-vier-slimboerdery-hulle-bewese-tegnologie-beraad/
2016-09-15 08:43:32
SA brandstofpryse gaan moontlik verhoog in Oktober
Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings. Voorlopige ramings van die Sentrale Energiefonds dui daarop aan dat petrol- en dieselpryse met onderskeidelik 44 sent per liter en 12 sent per liter in Oktober kan verhoog. Dit maak die prys van petrol (95 loodvrye) R12,61 per liter waar dit R12,17 per liter was. Dieselpryse (0,05%) kan na R10,62 per liter verhoog en tans is dit R10,48 per liter. Die redes vir die verhoging in brandstofpryse is as gevolg van die verswakte Rand teen die Dollar en hoër Brent-ru-olie pryse. Die maand het die Rand 3% teen die Dollar verswak. In graanproduksie is brandstof verantwoordelik vir ongeveer 11% van die totale veranderlike koste. Bron: Agbiz
http://www.proagri.co.za/sa-brandstofpryse-gaan-moontlik-verhoog-oktober/
2016-09-19 08:12:43
Dom Boer se lag vir die dag:
Tot op die letter Patologiedosent aan mediese studente: “Oorerwing speel ‘n belangrike rol in vele siektes. As jy bepaal watter oorerflike siektes in ‘n pasiënt se voorsate voorgekom het, kan dit jou dikwels help om gouer ‘n korrekte diagnose te maak.” Net daarna word die mediese student gevra om ‘n pasiënt by die ongevalle-afdeling te ondersoek. Mediese student: “Wat is die probleem?” Pasiënt: “Beenbesering.” Mediese student: “Hoe het dit gebeur?” Pasiënt: “’n Bul het my gegaffel.” Mediese student: “Is jou pa of jou oupa ooit deur ‘n bul gegaffel?”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-195/
2016-09-26 08:07:00
Hof sê steeds minder pekelwater in hoender
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys. Die uitspraak is deur die minister van Landbou verwelkom. Die SAPV het die saak na die Noord-Gauteng se Hooggeregshof geneem waar hulle die gewysigde pluimveevleisregulasies wat op 22 April 2016 gepubliseer is betwis het. Die Vereniging het aangevoer dat dit onwettig en irrasioneel is en dat dit hersien moet word. Regter HJ Fabricus het die aansoek van die SAPV van die hand gewys. Die omstrede wysigings het betrekking op die beperking van die totale pekelinspuiting van 10% en 15% vir ‘n hele karkas en individuele porsies. Minister Zokwana sê die uitspraak bevestig dat die belange van die verbruikers en die behoefte om billike handelspraktyke te bevorder, uiters belangrik is. “Hierdie uitspraak het billike mededinging tussen produsente en handelaars van pluimveevleis-produkte bevorder,” sê hy. Bron: Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/hof-se-steeds-minder-pekelwater-hoender/
2016-09-28 08:07:38
Agri SA sê dankie vir droogtehulp aan die landbougemeenskap van SA
Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is. Provinsies is as volg ondersteun: – Noordwes: R3 639 474 – Vrystaat: R3 439 474 – Limpopo: R407 895 – KZN: R505 263 – Wes-Kaap: R2 500 000 – Gauteng: R450 000 – Noord-Kaap: R3 668 421 – Oos-Kaap: R889 474 Provinsies soos Limpopo en Mpumalanga word nou ook negatief deur die droogte geraak en Agri SA is in proses om hierdie provinsies met addisionele fondse by te staan. Provinsiale bestuurders, kantoorpersoneel en plaaslike landbouverenigings wat behulpsaam was met die verspreiding van voer en ander vorme van humanitêre hulp aan boere en plaaswerkergemeenskappe, word bedank. – Aantal kommersiële boere gehelp: 12 921 – Aantal opkomende boere gehelp: 4 000 Alle droogtehulp en die aanwending daarvan word onderwerp aan ‘n omvattende oudit en ‘n volledige ouditverslag. “Aan alle skenkers van kontant, voer, humanitêre hulp soos meel, water en kospakkies en diegene wat vervoertrokke beskikbaar gestel het, julle is die ware helde. Dit het ons in staat gestel om elke R1 effektief te benut om sowat R5, en in sekere gevalle tot sowat R8, se verdere waarde te ontsluit,” het Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, wat die projek oorsien, gesê. Vir verdere skenkings gaan na http://droogterampfonds.co.za/ of kontak Agri SA. Uitgereik deur Agri SA
http://www.proagri.co.za/agri-sa-se-dankie-vir-droogtehulp-aan-die-landbougemeenskap-van-sa/
2016-09-27 09:42:19
Franse reus belê in Kaapse wyn
AdVini, die Franse wynreus, het eers L’Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop. Hulle mik daarna om die verkope van die wyn te verdubbel in die volgende paar jaar. Advini sal Ken Forrester se wyne op die vasteland van Europe en Asië versprei, terwyl Ken Forrester, wat steeds aanbly as besturende direkteur en eienaarskap van sy eiendom behou, sy spanverkope in Noord-Amerika en Engelse markte dryf. Ken Forrester, na wie dikwels verwys word as die “King of Chenin”, sê: “Die ooreenkoms met AdVini is ‘n fantastiese geleentheid vir my om met ‘n massiewe verspreidingsnetwerk vas te bind en hulle is veral sterk in nuwe markte soos Europa en Asië. Ek het vier jaar gelede met AdVini begin praat toe ek op soek was na iemand wat my kan help uitbrei na Asië.” AdVini se bemarkingsbestuurder, Jean-Pierre Durand, sê dat die besluit om op Suid-Afrika te fokus, begin het met die aankoop van die handelsmerk Laroche in 2010. Bron: The Times en Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/franse-reus-bele-kaapse-wyn/
2016-09-28 08:20:23
Volkswagen ondersteun Forever Wild-renosterredding
Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg. Die program word deur Wilderness Foundation Africa bestuur en die samewerking met Volkswagen het in 2011 begin. Die ses Amarokke sal gebruik word om pro-aktiewe renosterbeskerming en teen-stropery bedrywighede in dele regoor die land te ontplooi. Thomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van die Volkswagen-groep SA, sê: ” “Volkswagen is verbind daartoe om die Wilderness Foundation deur middel van sy Forever Wild-renosterbeskermingsprogram te help om die bedreigde renosterbevolking te bewaar. Ons wil omgewingsbewuste organisasies help.” “Die Forever-Wild renosterbeskermingsprogram is ‘n verlenging van ons verhouding met Volkswagen. Hierdie ooreenkoms met Volkswagen het ons organisasie gehelp om een van die mees suksesvolle beroepsopleidingsentrums vir jeug in die land,Umzi Wethu, te vestig,” sê Andrew Muir, hoofuitvoerende beampte van die Wilderness Foundation Africa. Die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram ondersteun bewaringsagentskappe en private wildreservate om hulle renosterbevolkings te beskerm. “Ons is baie dankbaar vir Volkswagen wat ons met hierdie voertuie toevertrou. Hulle is meer as net ‘n teen-stropery voertuig, maar is ‘n belangrike komponent in ons bewaringsinisiatiewe regoor die land,” sê Matthew Norval, hoofbedryfsbeampte van Wilderness Foundation Africa.
http://www.proagri.co.za/volkswagen-ondersteun-forever-wild-renosterredding/
2016-09-19 08:19:21
Undercover Farming se Wes-Kaap-konferensie
Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere. Die konferensie vind op 11 en 12 Oktober 2016 by die Allee Bleue Estate, Groot Drakenstein in Kaapstad plaas. Van die sprekers wat daar gaan wees is Michael Southwood van Southern Cross Trust, Estelle Kempen van die Departement van Agronomie by die Fakulteit Agriwetenskappe, Stellenbosch Universiteit en Michael Cordes, besturende direkteur van Pambile Africa Training (Pty) Ltd. Die program is hier beskikbaar. Die amptelike program sal twee dae voor die konferensie bekendgemaak word. Vir meer inligting kliek hier om na Undercover Farming se webtuiste te gaan. Moenie hierdie geleentheid om met kenners te gesels misloop nie.
http://www.proagri.co.za/undercover-farming-se-wes-kaap-konferensie/
2016-09-22 12:26:27
Bayer betaal $66-miljard vir Monsanto
Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle ‘n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal. Dit kom neer op ‘n $66-miljard ooreenkoms. Bayer is in 1863 in Duitsland gestig en is een van die grootste internasionale maatskappye wat spesialiseer in oesbeskerming. “Ons is bly om die kombinasie van die twee groot organisasies aan te kondig. Hierdie is ‘n groot stap vorentoe vir ons gewaskunde-afdeling en versterk Bayer se leierskapsposisie as ‘n globale innovasie-gedrewe lewenswetenskappe maatskappy,” sê Werner Baumann, besturende direkteur van Bayer AG. Monsanto is in 1901 gestig deur ‘n apteker genaam John Queeny in St. Louis, Missouri om sakkarien te produseer. In 1976 het hulle hul mees bekende produk van stapel gestuur naamlik die onkruiddoder, Roundup. In die 1980’s was die wetenskaplikes die eerste om plantselle geneties te manipuleer. Monsanto het toe ander saadmaatskappye begin koop en proewe gedoen. Hulle verkoop onder meer saad wat geneties ontwerp om verdraagsaam te wees teenoor Roundup. “Die aankondiging is ‘n bewys van alles wat ons al bereik het. Ons glo dat die ooreenkoms met Bayer waarde vir ons aandeelhouers sal inhou,” sê Hugh Grant, besturende direkteur van Monsanto. Volgens berigte in internasionale sakepublikasies kan die ooreenkoms Monsanto uit die spervuur haal van kritici wat nie die gebruik van geneties gemanipuleerde organismes wil aanvaar nie. Bayer wil ‘n dominante posisie kry in die verkoop van sade en plaagdoders aan boere regoor die wêreld. Die samesmelting sal dit die grootste internasionale kombinasie van saad- en oesbeskerming maak. Lees die volledige storie op Monsanto se webwerf: http://news.monsanto.com/Bayer-Monsanto-acquisition Foto: Besturende direkteur van Monsanto, Hugh Grant skud hande met die besturende direkteur van Bayer AG, Werner Baumann.
http://www.proagri.co.za/bayer-betaal-66-miljard-vir-monsanto/
2016-09-15 10:29:42
Pekelregulasies gaan lei tot prysverhogings en werkloosheid
Die hofuitspraak oor pekelregulasies in hoender gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid. Die Noord-Gauteng se hooggeregshof het SAPA (Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging) se aansoek van die hand gewys met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word. Dit beteken dat die hoeveelheid pekel wat in hoender ingespuit mag word, tot 15% beperk word vanaf 22 Oktober 2016 ingevolge die nuwe regulasies. “Pekelbeperking sal ‘n negatiewe uitwerking hê, nie net vir die pluimveebedryf nie, maar ook vir die verbruiker en ekonomie,” sê Gareth Lloyd-Jones, besturende direkteur van Ecowize – een van SA se leiers in higiëne- en sanitasie-diensverskaffers aan die kos, farmaseutiese en gesondheidsbedrywe. Hy verduidelik: “Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het aangemeld dat die pluimveebedryf die grootste segment van die Suid-Afrikaanse landbousektor is, dit dra meer as 16% van landbou se aandeel tot die bruto binnelandse produk by. Dit verskaf direkte en indirekte werksgeleenthede vir byna 108 000 mense deur die waardeketting en verwante bedrywe. Die nuwe pekelregulasies sal die prys van hoender verhoog en mense sal hulle werk verloor, veral onder braaikuikenprodusente.” “Terwyl die pekelregulasies kastig deur die minister van Landbou gemaak is om die verbruiker te beskerm het sy departement nie daarin geslaag om verbruikers te beskerm nie,” sê Gareth. Een van die motiverende faktore vir die beslissing was die potensiële gesondheidsimplikasies van die soutinhoud van pekelhoender. Gareth voeg egter by dat pekelhoenderporsies minder as ‘n kwart van die hoeveelheid sout bevat as ‘n standaard brood (100g). Lees hier ons vorige artikel oor die hofuitspraak: Hof sê steeds minder pekelwater in hoender.
http://www.proagri.co.za/pekelregulasies-gaan-lei-tot-prysverhogings-en-werkloosheid/
2016-09-30 09:47:32
Nuwe Filmvrystelling: “Noem my Skollie: Vrydag 2 September
Noem my Skollie, dié baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier, is gebaseer op die ware verhaal van ’n jong man in die 1960’s wat ’n storieverteller in die tronk word. Die film begin op Vrydag 2 September in verskeie teaters regoor Suid-Afrika draai. Daryne Joshua maak sy debuut as regisseur in hierdie groot-skerm fliek wat kykers vasgenael in hul sitplekke sal laat sit terwyl die wêreld voor hulle ontvou op ‘n geloofwaardige manier soos min gesien. Die film is gebaseer is op die lewe van die film se draaiboekskrywer, John W. Fredericks, en speel af op die Kaapse Vlakte en in die Pollsmoor Gevangenis. Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tienderjariges, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat saam op die verarmde rampokkergebiede van die Cape Flats gedurende die 1960’s opgroei. Nieteenstaande hul omstandighede, probeer die kinders om die rampokkers, wat hul daaglikse lewe infiltreer, te vermy. Wanneer AB deur ‘n traumatiese ondervinding platgetrek word, besluit hulle om ‘n bende te vorm, net om hulself te kan verdedig. Hierdie vier vriende, nou soos broers, is nie by ernstige misdaad betrokke nie. Die polisie hou egter ‘n wakende ogie oor hulle terwyl hulle van tieners ontwikkel in gewilde jong mans. ‘n Heelwat ouer AB, gespeel deur Dann-Jacques Mouton, en Gimba, gespeel deur Gantane Kusch, word gearresteer tydens ‘n winkelinbraak en word tot twee jaar gevangenisskap gevonnis. In hierdie gevaarlike prisonierswêreld, besluit AB om sy storievertel-talent te gebruik om die geharde gevangenisse te vermaak om sodoende sy eie status in die tronk te verhoog. Gimba besluit op ‘n heel ander pad om sy eie veiligheid te verseker. Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, hervat hy sy verhouding met sy pragtige kinderliefde, Jenny, gespeel deur Tarryn Wyngaard, en probeer om sy fokus te verskuif deur stories te skryf om haar te beïndruk. Sy bendevriende oorreed hom om vir oulaas by hulle aan te sluit – ‘n besluit wat skokkende gevolge vir hul almal inhou. Die verfilming is treffend met intense detail wat konsentreer op die gemoedere gedurende die 1960’s. Oortuigende spel word deur die talle Suid-Afrikaanse akteurs sowel as nuwe talent gelewer. Die film verseker dat die kyker deurentyd vasgevang en vermaak word in die intensiewe emosionele spel wat voor hulle afspeel. Noem my Skollie bied baie op ‘n verskeidenheid van terreine soos vriendskap, verraad, vergiffenis, aanvaarding en die strewe na ‘n beter lewe, hoop en liefde. Die titel van die film beklemtoon die uitdrukking dat jy nie ‘n boek op sy omslag takseer nie en die siening dat elkeen oor ‘n gawe beskik, al is dit moeilik om dit te vind en al kom dit partykeer teen betaling. John W. Fredericks het die skool as tiener gelos en het baie van sy jeugjare in die tronk deurgebring. Tog het hy, nou in sy sestiger-jare, daarin geslaag om ‘n wêreldklas draaiboek te skryf. Die rolverdeling bestaan onder andere uit Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally asook uitmuntende spel deur die nuweling op die stel, David Manuel, wat die rol van die tronkbaas vertolk terwyl hy uit was op parool gedurende die tydperk wat die film geskiet is. Noem My Skollie word deur Ster Kinekor Entertainment versprei.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/nuwe-filmvrystelling-noem-skollie-vrydag-2-september/
2016-08-30 20:50:37
Verjaarsdagmaand by Strewe
Septembermaand is verjaarsdagmaand by Strewe VLU. 13 September 1961 is ’n belangrike datum vir hierdie tak aangesien dit die datum is waarop die tak gestig is. Vanjaar vier die tak sy 55ste verjaarsdag. Op die foto bo klink die lede wat die langste by Strewe VLU-tak betrokke is, ’n glasie wyn. Hulle is van links Magda Lottering, Erika Lee en Bets van Graan. Die volgende vergadering is gedurende Oktober op Dwaalboom en enige belangstellendes kan vir Ilna Schutte by 0827748803 skakel.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/verjaarsdagmaand-by-strewe/
2016-09-21 22:19:40
Thabazimbi munisipaliteit versoek ingryping deur die Tesourie / Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention
THABAZIMBI – Media24 berig dat die nuut verkose speaker van die Munisipale raad, dr Bertie Joubert, aangedui het dat die raad reeds verlede week ‘n skrywe aan die Tesourie en die Departement van Koöperatiewe Sake gerig het met ‘n versoek vir finansiële ingrype in die finansies van die Thabazimbi Munisipaliteit. “Hierdie is die volgende stap nadat die provinsiale regering die Thabazimbi Munisipaliteit onder administrasie geplaas het, ‘n stap wat ongelukkig nie geslaagd was nie,” het Joubert gesê en toegevoeg dat die nuwe raad onwettige en ongemagtigde uitgawes van meer as R200 miljoen gedurende die vorige finansiële jaar bloot gelê het. Hy sê dit kan dalk maar net die piek van die ysberg wees. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die Tesourie sal toegee tot die raad se versoek vir ‘n forensiese ondersoek na die vorige raad se geldsake. Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit is nou afhanklik van donasies van goeie Samaritane om hulle intussen by te staan met lessenaars en rekenaars om te help om die munisipaliteit weer operasioneel te kry na die vorige ANC beheerde raad se korrupte bestuur deurdat lasbriewe van die hof vir betaling van krediteure eenvoudig geïgnoreer is. Dit het tot die totale finansiële ineenstorting van die Thabazimbi Munisipaliteit gelei, sodanig dat die ANC nie daarin geslaag het om ‘n besliste meerderheid in die afgelope Munisipale verkiesing te behaal nie. Sedert die oorname van die munisipaliteit deur die koalisie ooreenkoms tussen die DA, EFF en TRA (Thabazimbi Residents Association) is die ANC se meerderheidstem in die raad hom ontneem. ‘n Week nadat die raadslede reeds in hul nuwe posisies ingehuldig moes word, het ANC raad eers die munisipale vergadering belê om uitvoering hieraan te gee. Teen hierdie tyd het die nuwe raad in ‘n geplunderde gebou, waarvan al die kantoormeubels en rekenaars reeds deur die Balju op grond van die verskeie hofbevele op beslag gelê is, ingestap. Al die lêers is op ‘n deurmekaar hoop in die hoek van een kantoor gegooi. Personeel moes maar die gemors uitsorteer deur elke lêer deur te gaan en bymekaar te hou tot tyd en wyl nuwe liasseer kabinette verkry kan word. Kwêvoël het verlede week berig dat die huidige raad van voorneme is om aksie teen twee senior amptenare in die Thabazimbi Munisipaliteit te neem. “Daar is ooreenkomste aangegaan en aankope gedoen wat nie volgens die riglyne soos bepaal in die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur uitgevoer is nie, wat aanleiding gegee het tot hierdie onwettige aksies.” Media24 berig ook dat die Limpopo koöperatiewe regering se woordvoerder, Kathu Razwiedani, op navraag genoem het dat hulle tevrede was met dit wat die administrateur by die Thabazimbi Munisipaliteit vermag het, sonder om te noem wat die regstellende aksie is wat die Departement gaan neem vir die huidige situasie in Thabazimbi nie. Razwiedani het ook genoem dat Thabazimbi dieselfde ondersteuning as al die ander munisipaliteite ontvang het. Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention Thabazimbi – According to Media 24, the newly appointed speaker of the Thabazimbi Municipality, Dr Bertie Joubert, reported that the council had written to Treasury and the department of cooperative governance, seeking financial intervention. “This is the next step after the provincial government placed the municipality under administration, but all this failed,” he said, adding that the new council had uncovered unlawful and irregular expenses from the last financial year amounting to more than R200 million. Joubert said this could be the tip of the iceberg and council was hoping Treasury would accede to its request for a forensic audit. Thabazimbi Local Municipality in Limpopo now rely on donations from Good Samaritans for office furniture and computers to help it become operational due to the previous ANC controlled council’s fraudulent management and non adherence to court orders to pay their creditors, which resulted in the total financial collapse of the Thabazimbi Municipality. The ANC failed to obtain a majority ruling during the past Municipal elections. Since the new coalition council consisting of the DA, EFF and TRA outvoted the ANC, the municipality has been relying on one computer shared by various departments. After a week of the ANC controlled council refusing to arrange a council meeting to empower the newly appointed councillors, the new council only found bare offices stripped of all office furniture and computors since the sheriff of the court seized all these items in accordance with court orders issued. However, there is hope, after some businesses and individuals promised to donate furniture and computers. Files were dumped on a heap in one of the offices and staff had to sort out this mess, file by file, in order to restore some order for when they can obtain filing cabinets. Last week Kwêvoël reported that the council is considering action against two of the Municipal senior employees. “There are some agreements and purchases that were not done in accordance with the Municipal Finance Management Act processes, hence the unlawful and irregular expenditures.” Media24 also reported that the Limpopo cooperative governance spokesperson Kathu Razwiedani mentioned, when asked, that the ANC was happy with the work done by the administrator and its intervention in Thabazimbi so far, without saying what the department was doing to remedy the situation in Thabazimbi. Razwiedani concluded with: “We are supporting the municipality, just as we have done with others.”
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/thabazimbi-munisipaliteit-versoek-ingryping-deur-die-tesourie-thabazimbi-council-asked-treasury-financial-intervention/
2016-09-12 12:46:38
Limpopo Junior Keuring vir Bondedag: Jukskei
THABAZIMBI – Agt van die 18 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer wat die afgelope Saterdag, 3 September, aan die keuring vir juniors jukskei spelers te Pietersburg deelgeneem het, het provinsiale kleure tydens dié geleentheid verwerf. Hulle is: Seuns o/16: John Jacquet. Seuns o/19: Vincent Pelzer, Johan Liebenberg (Kaptein) en Louis Janeke. Dogters o/19: Lize-Marie Geldenhuys, Jadene Roods, Chantell Meyer en Michelle van der Sandt (Kaptein). Mnr Gerhard Booyens, organiseerder van HFM jukskei, is ook aangewys as die seuns o/19 afrigter. Die dogters o/19 afrigter is me Joyce du Preez, oud bekende in jukskeikringe en ook nou betrokke by HFM se jukskei. Bogenoemde spelers neem op 15 Oktober aan die Bondedag te Krugersdorp deel. Goeie wense ook aan HFM se o/19 dogterspan wat wenners van die liga is en wat Saterdag eerskomend aan die Direkteurstrofee kompetisie te Pretoria gaan deelneem.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/09/limpopo-junior-keuring-vir-bondedag-jukskei/
2016-09-09 15:09:45
‘n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
Jannie du Toit is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Op Donderdag 8 September 2016 kry Brel liefhebbers die geleentheid vir ’n aand se vermaak wanneer Jannie Bonjour Monsieur Brel by die Brooklyn Teater in Pretoria aanbied. In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk. Met sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu. In haar resensie oor die vertoning by die Vrystaatfees, skryf Naomi Morgan (verbonde aan die Departement Frans aan die Universiteit van die Vrystaat) onder andere: ‘Hierdie produksie is afgerond en goed beplan’ ‘Bonjour, Monsieur Brel! is ‘n energieke vertoning waarin Jannie die hele verhoog gebruik en woorde met hande en liggaamstaal verbeeld’ ‘Die taalverskeidenheid van die vertoning maak ‘n luukse indruk in hierdie tye van taalverskraling: vier tale (Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans) word ondersteun deur kultureel-spesifieke lyftaal wat opmerklik is in veral die Nederlandse en Engels liedjies (soos “Amsterdam”, wat Jannie sing in ‘n diep register met ‘n perfekte Britse aksent)’ ‘Rall se sprankelende begeleiding in “Madeleine” herinner aan die interpretasie van gebeure op die grootskerm deur klavierspelers in die era van die stilfilms. Mouton se welluidende tjelloklank voer ‘n empatiese dialoog met Jannie se stem; veral in “Jojo” en “Laat me niet alleen” onderstreep die lang, ekspressiewe note die patos van die situasie wat deur die woorde geskets word’ Die gehoor word deur Mont du Toit Kelders van Wellington genooi om ’n heerlike glasie prima Suid-Afrikaanse rooiwyn komplimentêr te klink. Jannie stel ook op die aand sy nuwe CD, Jannie du Toit chante/sing/sings/zingt Brel bekend. Die helfte van die 22 Brel-chansons is bestaande opnames wat hy saam met Christa Steyn gemaak het – beginnende met Madeleine en Liefde van Later in 1990. Dan is daar ook Brel-liedjies uit De Kleine Man van 1994, Jannie en die Tannie van 2006 en Brel in Brooklyn van 2010. Die ander helfte is opnames van verwerkings wat vir die huidige produksie gemaak is. Hierdie album is ’n lank gekoesterde droom van Jannie wat nou gestalte kry. Die album is reeds by Salon Musiek op die terrein van die Brooklynteater te koop, maar kan ook van enige goeie CD-winkel bestel word. Die verspreiding in die handel word hanteer deur REAL Music: 011-823-1771 of e-pos sales@realmusic.co.za
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/n-reis-deur-die-idee-wereld-van-n-briljante-dromer/
2016-09-02 15:40:29
Moeilik taak lê voor vir Thabazimbi Munisipale werkers
THABAZIMBI – Met die ANC Munisipale raad wat onttroon is in tydens die afgelope verkiesing en die balju wat beslag gelê het op munisipale eiendom, insluitend rekenaars en kantoormeubels, moet werkers op die vloer sit en hul werk probeer doen. Die nuutverkose burgemeester van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Midah Moselane, het Maandag gesê dat hierdie toestand veroorsaak is deur politieke sabotasie deur die vorige ANC beheerde raad op die stadium dat die nuut verkose raad, en nie die vorige leiers, met hul amptelike pligte moes begin. Moselande, ‘n kandidaat van die Thabazimbi Resident Association, is as burgemeester verkies met die steun van die DA, EFF en TRA. Die Balju het verlede Donderdag op die Munisipaliteit toegeslaan, nadat hulle in versuim het om hul diensverskaffers te betaal vir werk gedoen. Moselane sê dat die vorige raad eisbriewe vir betaling van prokureurs geïgnoreer het. Sowat agt van die diensverskaffers aan wie die munisipaliteit geld geskuld het, het die aksie geneem. Moaselane het gesê dat die presiese bedrag verskuldig nog nie bekend is nie maar dat dit wel miljoene rand beloop. Die meubels in die burgemeester se kantoor sowel as die van die munisipale bestuurder was splinternuut en dit alleen beloop ‘n paar miljoen rand. Sy het genoem dat een rekenaar gelos is nadat die raad by die balju gepleit het om dit nie ook te vat nie sodat inwoners hul diensterekenings kan betaal. Hierdie skandalige situasie kon vermy gewees het indien die vorige raad aanmanings vir betalings opgevolg het. Sy het verder genoem dat die administrateur as die verantwoordelike bestuurder, wat deur Provinsie aangestel is nadat Thabazimbi Munisipaliteit ‘n tyd gelede onder administrasie geplaas is, sal moet verduidelik op welke gronde beslaglegging op die kantoor toerusting gedoen is. Hierdie beslaglegging is nie die eerste geval nie. Daar is geen voertuie om te gebruik nie aangesien dit reeds tydens ‘n vorige beslaglegging verwyder is. Al die munisipaliteit se projekte gaan ondersoek word om te verseker dat dit wel afgehandel is. Intussen gaan die raad met die myn maatskappye, wat deur Thabazimbi bedien word, onderhandel vir moontlike hulp om die munisipaliteit te ondersteun. Werkers sal soos gewoonlik by hul werkstasies aanmeld tot die situasie opgelos is, al is dit net om die lêers wat op die vloere van sommige kantore gestrooi is, bymekaar te maak en uit te sorteer in bondels totdat daar weer kantoormeubels beskikbaar is. – African News Agency (ANA)
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/moeilik-taak-le-voor-vir-thabazimbi-munisipale-werkers/
2016-08-30 11:14:32
Munisipale werknemers-unie verskoon blaam van disfunksionele ANC
THABAZIMBI – Nieteenstaande die feit dat die vorige disfunksionele ANC-beheerde Munisipale raad en bestuur van die Thabazimbi Munisipaliteit die nuwe toetredende raad wat die ANC se algehele mag oor hoe dinge in die munisipaliteit gebeur, ontneem het, hou die Munisipale werknemers unie die nuwe munisipale bestuur verantwoordelik om die situasie op te los, nieteenstaande die korrupsie, wanbestuur en miljoene rand se skuld wat die vorige bestuur nagelaat het. Dit sluit in die verwydering van alle kantoormeubels, rekenaars en ander kantoortoerusting nadat die balju daarop beslag gelê het die oomblik toe die ANC-beheerde uitvoerende beamptes en raadslede uiteindelik na ’n week se gesukkel hul kantore verlaat het. Volgens die nuwe speaker, dr Bertie Joubert (DA) is hulle geskok oor die blatante ongeêrgdheid van die vorige raad om toe te laat dat die munisipaliteit tot op die vlak gedaal het dat die balju, vanweë hul swak finansiële beleid, beslag op al hierdie kantoortoerusting, insluitend ’n watertenk-vragmotor, beslag gelê het. Die skuld is blykbaar verskuldig aan Eskom (R160 miljoen) en privaat instansies (R30 miljoen). Joubert het verder daarop gewys dat die vorige bestuur voortdurend op hierdie agterstallige betaling gewys is maar steeds het hulle voortgegaan met hul wan-administrasie en -bestuur, korrupsie, ongemagtigde tendertoekennings en bedrog, alles wat reeds aanleiding gegee het dat die Thabazimbi munisipaliteit reeds vir ’n geruime tyd onder administrasie geplaas is. Die aanstelling van ’n onafhanklike administrateur het net dadels beteken en die munisipaliteit het net verder in hul korrupte wanbestuur verval. Die nuwe saamgestelde meerderheid, bestaande uit die DA, EFF en TRA, beloof die inwoners van die Thabazimbi Munisipaliteit dat hulle alles in hul vermoë doen om die munisipaliteit weer funksioneel te maak, korrupsie uit te roei en deur publieke deelname weer op te bou alles wat die vorige ANC-beheerde raad afgebreek het.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/munisipale-werknemers-unie-verskoon-blaam-van-disfunksionele-anc/
2016-09-02 11:49:54
Thabazimbi hou weer Oktoberfees
Die Thabazimbi Sakekamer bied vanjaar weer hul Oktoberfees op Saterdag 15 Oktober 2016 by die Thabazimbi Skouterrein aan. Met amper 1 500 voete by die eerste fees, beloof hierdie jaar se fees om nog groter te wees! Toegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Enige besigheid kan stoele, gazebo’s en besigheids-baniere in die ‘Bosveld Besigheids park’ kom opslaan en die dag saam met hulle personeel of kliënte kom geniet. Sakekamerlede wat hul 2016 lidmaatskap fooie betaal het kry ‘n area vir hul gazebos en stoele gratis, terwyl ander nie-sakekamerlede besighede ‘n area teen R500 kan bekom. Daar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds se lekker oompha musiek. Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue bier te koop sal wees. Dan is daar uitdagings vir die hele familie om aan deel te neem. So is daar die Thaba Boog en Hengel se 3-in-1 skerpskut uitdaging; Sterkman & Vrou uitdaging; Vyf-‘n-kant sokker; Koedoe horing lang-asem blaas; Chilli Chow; Hunger Games; Toutrek, en vele meer. As jy vroeg wil begin, kom beleef die Kleinbokkie wildveiling wat om 11:00 deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word. Dan is daar ook die manne en vroue van Pretoria en hul plaaslike lede met hul ‘Vintage Car’-uitstalling. Oor die kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite soos die Suikerbekkies/Monkeynastics se Inflatable Park & Games sal hulle besig hou. ‘n Dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier. Vir meer inligting skakel gerus enige van die onderstaande nommers of stuur e-pos aan thabazimbibc@gmail.com. Nommers om te skakel is: Natalia – 079 686 0951; Tokkie – 083 676 2301; Jacques – 083 303 9230; Jason – 083 444 2546; Riana – 072 671 9710; Talita (Northam) – 079 065 3766; Rudolf – 082 802 3745; Nickey – 083 320 5368; Cobus – 083 387 3510; Danie- 082 333 8576; Jolizna- 0825529985; Geoffrey- 0828077809 of Yolande- 0832320320.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/23/thabazimbi-hou-weer-oktoberfees/
2016-09-23 05:46:58
2016 Xtreme Wildlife Group veiling
Die Top telers van Noordwes, Xtreme Wildlife Group, het hul jaarlikse veiling op 20 Augustus 2016 by die Bona Bona Wildkompleks aangebied. Die veiling was ‘n groot sukses en van die beste genetika uit die telers se kuddes was op aanbod. Hieronder was ’n uitgesoekte nie-dragtige Swartwitpensvers van Bona Bona met 50,5 duim horings wat vir R 400 000 verkoop is. 5 blouwildebeeskoeie, ook van Bona Bona, dragtig van Victor (34,75 duim) waarskynlik die grootste blouwildebees teelbul in Suid-Afrika is verkoop vir R 32 500. ‘n Matetesi swartwitpensbul van Knapdaar van Barry Badenhorst is verkoop vir R900 000 en ’n Oos Afrika dragtige buffelkoei (32 ⅝ duim) met haar bulkalf is vir R 600 000 verkoop. Van die geneties gemanupileerde diere was daar ’n geel blesbokram wat vir R60 000 verkoop is, ’n jong Goue gemsbokram is verkoop teen R100 000 en ’n Goue gemsbokvers wat teen R120 000 opgeveil is. ’n Koper springbokgroep van sewe volwasse diere en een klein is gemiddeld teen R8 643 verkoop terwyl drie swart ramme teen R3 000 elk en drie wit ramme teen R8 500 elk verkoop is. Verskeie goue wildebeeste is ook opgeveil. Hier is twee jong bulle teen onderskeidelik R70 000 en R65 000 verkoop, twee dragtige koeie het R100 000 elk gehaal, ’n Konings jong bul is verkoop vir R350 000 en twee verse vir R160 000 elk. Twee dragtige verse is vir R180 000 elk verkoop. Agt Konings split dragtige verse is teen R45 000 elk opgeveil. ’n Springbok Konings jong ram het R30 000 gehaal. ’n Swart rooibokram is vir R40 000 verkoop terwyl vier dragtige swart rooibokooie R30 000 gehaal het. ’n Rooibok swart split familiegroep bestaande uit 12 diere is teen ’n gemiddelde prys van R7 500 verkoop. Twee witrenosters is teen R190 000 elk verkoop en ’n kameelperd familiegroep van vier is teen R16 500 gemiddeld verkoop. ’n Njalabul is teen R90 000 verkoop. Sover dit Matesti Swartwitpense aan betref was die hoogste bod op ’n bul R 900 000 en op dragtige koei R210 000, ’n dragtige vers is vir R300 000 verkoop. ’n Zambies-kruis bul is vir R240 000 verkoop, koei met kalf vir R280 000 en ’n Zabies-vers vir R400 000. ’n Rooibokram het R19 000 behaal en ’n dragtige ooi R9 000. ’n Totaal van 314 groot en 11 klein diere is opgeveil en die totale omset van die veiling was R16 827 400. Die veiling is deur ongeveer 600 mense bygewoon en almal was beïndruk met die telers se gesindheid om ‘n geen reserwe veiling te hou. Dit het daartoe gelei dat die diere teen die huidige markwaarde verkoop is en daardeur is die huidige markpryse bepaal. Al die telers was tevrede met die uitkoms van die veiling en Vleissentraal sien uit daarna om almal weer in 2017 daar te sien. Xtreme Wildlife Group se volgende veiling is 19 Augustus 2017. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld en die afslaers was Allan Sinclair en Niel Swart.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/2016-xtreme-wildlife-group-veiling/
2016-08-30 11:25:37
Munisipale senior amptenare se poste in die gedrang
THABAZIMBI – Gedurende ‘n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit gehou op 1 September 2016, is ‘n resolusie aanvaar om die dienste van twee senior amptenare, verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit, te beëindig in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA – Municipal Finance Management Act) en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA – Public Finance Management Act), en dat hulle tussen sewe tot veertien dae tyd het om die raad te oortuig waarom hulle hul posisies moet behou. Die DA het te kenne gegee dat hulle baie bekommerd is oor die nege uitstaande lasbriewe ten bedrae van R14 817 847 wat enige oomblik op die Thabazimbi Munisipaliteit gedien kan word. Volgens Jacques Smalle, DA provinsiale leier in Limpopo, het die balju reeds twee lasbriewe vir beslaglegging ten bedrae van R5 543 806 op die munisipaliteit gedien waartydens beslag gelê is op alle losgoed, insluitend kantoormeubels en rekenaars wat op 25 Augustus 2016 reeds uit die Munisipale gebou verwyder is, die dag wat die nuutverkose raad met sy werksaamhede moes begin. Dit het die totale administrasie van die Thabazimbi Munisipaliteit lam gelê. Die meeste van die lasbriewe is die gevolg van verskeie hofuitsprake wat teen die munisipaliteit verkry is op grond van wanbetaling van krediteure gedurende 2015 en 2016. Smalle sê dat dit duidelik is dat die administrateur wat deur die LUR (Lid van die Uitvoerende Raad) aangestel is, nie alleen onbevoeg was om die finansiële ommekeer in die raad te bewerkstellig nie maar dat die situasie onder sy toesig heelwat vererger het. Geen poging is aangewend om met die diensverskaffers en krediteure in gesprek te tree om ‘n werkbare oplossing te beding om die munisipaliteit se skuldlas van meer as R250 miljoen aan te spreek nie. Die skade aangerig deur rente en regsuitgawes kon drasties deur die administrateur en munisipale beamptes beperk word indien hulle proaktief en verantwoordelik beloftes vir betaling van hierdie skuldlas nagekom het. Die DA en sy koalisie vennote in die Thabazimbi munisipaliteit is tans in gesprek met krediteure om ‘n werkbare oplossing te kry om die munisipaliteit se skuld te betaal. Uit die finansiële verslae wat tot dus ver saamgestel kon word, is dit duidelik dat Munisipale Infrastruktuur Toelaag (MIG – Municipal Infrastructure Grants), aangewend is om salarisse, inplaas van diensverskaffers en krediteure, vir wie die geld bedoel was, te betaal. ‘n Aksie wat hoogs irrasioneel is en ‘n besliste invloed op dienslewering gehad het. Smalle sê dat dit ook onaanvaarbaar is dat die munisipaliteit se finansiële state nie op ‘n gereelde grondslag voorgelê is nie. Blykbaar het die LUR vir die Departement van Koöperatiewe Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA – The Department of Cooperative Government, Human Settlements and Traditional Affairs) en ook die LUR van die Tesourie, versuim om die betrokke amptenare aan te spreek om die voorleggings meer gereeld te doen nie. Die DA en sy koalisie regering in Thabazimbi moet nou bevoegde seksie 56 & 57 bestuurders aanstel wat in staat sal wees om die finansies van die munisipaliteit, gebaseer op ‘n skoon en werkbare administrasie, te stabiliseer en om alle uitvoerende beamptes wat hiervoor verantwoordelik was voor stok te kry vir die vrugtelose, vermorste, ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes asook die korrupte aktiwiteite wat die munisipaliteit afbrekend geaffekteer het. Smalle sluit die mediavrystelling af deur te noem dat die DA se visie vir Suid-Afrika ‘n regering is wat altyd eerlik, deursigtig en in belang van die inwoners optree deur hul krediteure betyds te betaal en om hul inkomste vir die lewering van kwaliteit dienste op ‘n gereelde grondslag in te samel.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/06/munisipale-senior-amptenare-se-poste-die-gedrang/
2016-09-06 10:43:36
Groot makietie tydens Boeremusiek Fees
LEEUPOORT – Die negende Leeupoort Boeremusiek Fees het Vrydag 9 September afgeskop met die eerste orkeste wat die reeds die Vrydagaand vanaf 19:00 begin optree het. Deelnemers het vanaf so ver as Pietersburg tot Mosselbaai opgedaag om aan die fees deel te neem. Die nege-jarige Kosie Beukes (foto bo), met sy eie orkes, het groot belangstelling ontlok en vir groot musiek-vermaak gesorg. Kosie kan altesaam 13 musiekinstrumente speel en was beslis een van die jong sterre van die Fees. Buiten die meer as twintig senior orkeste het vier junior orkeste ook opgetree. Die organiseerders het genoem dat die belangstelling van jongmense baie bemoedigend is vir die voortbestaan van boereorkeste. Leeupoort huisves ook die Boeremusiek-monument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is. Tydens die fees is ses Ikone van 70 jaar en ouer vereer vir hul bydrae tot Tradisionele-musiek. Saterdag oggend om 08:00 het die eerste orkeste begin optree en tradisionele-musiek was op die spyskaart tot middernag Saterdagaand. Daar is seker niks wat die voete laat jeuk vir dans soos boeremusiek nie en kort-kort het paartjies ‘n draai op die dansvloer gemaak. ‘n Uitvoering van tradisionele Afrikaanse Volkspele deur Die Leeupoort Volkspele Laer is ook gelewer. Heelwat stalletjies het vir lekker eetgoed gesorg terwyl veral die jongspan, in die swembad gespeel en baljaar het. Pieter Bodenstein, voorsitter van die Boeremusiekgilde Leeupoort-tak, wat die Fees aangebied het, het na afloop van die Fees sy tevredenheid uitgespreek. Merk maar solank die kalender, want volgende jaar doen hulle dit weer.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/groot-makietie-tydens-boeremusiek-fees/
2016-09-21 22:41:45
Boomplantmaand: Wat ’n vars briesie
AfriForum gaan Septembermaand weer aan die plant van bome landswyd toewy. Volgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief deel van ’n poging om die toekoms vir toekomstige generasies te verseker. “Mense regoor Suid-Afrika vier boomplantweek gewoonlik gedurende die eerste week van September, maar AfriForum wil egter die hele Septembermaand aan bome toewy.” Die organisasie het weereens vanjaar ’n plan met betrekking tot boomplantmaand uitgerol wat regoor die land uitgereik is. “130 AfriForum-takke landswyd gaan meer as 1 000 bome deur die loop van die maand plant. Die takke gaan verskeie besighede, gemeenskappe en skole besoek om oor die belangrikheid van bome te praat, terwyl uitheemse uitwissingsprojekte ook van stapel gestuur gaan word. Ons gaan poog om meer as 500 bome net in Gauteng alleen te plant,” het Pawson bygevoeg. ’n Studie in New York het bewys dat die toevoeging van ’n addisionele 343 bome/km² die tempo van asma met tot soveel as 24%–29% verlaag by kinders tussen die ouderdomme van 4 en 5. “Bome is erfenis, hulle is ’n belangrike deel van die ekosisteem en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Hulle verskaf ons met suurstof, skaduwee en voedsel.” “Hierdie is ʼn nuwe seisoen vir Suid-Afrika. Net soos wat inheemse bome ʼn belangrike rol speel ten opsigte van die land se welstand, simboliseer dit ook die land se mense. Ten einde Suid-Afrika te maak werk, moet ons almal ons deel doen. Alle bome werk saam en dít maak dat die ekosisteem werk. Ons sal hier woon en hierdie land aanhou opbou, sodat almal kan floreer.” Daar word vanjaar op drie bome gefokus: Ficus thonningii, die gewone wildevy (Common wild fig) Maerua angolensis, Knoppiesboontjieboom (Bead-bean tree) Maerua cafra, Gewone witbos (Common bush-cherry) Dit is nie nodig om hierdie spesifieke bome te plant nie; jy kan vry voel om enige boom wat inheems tot jou gebied is, te plant. AfriForum moedig lede, skole, kerke en die gemeenskap as ’n geheel aan om ’n informatiewe dokument met betrekking tot boomplantmaand, kostevry van sy webtuiste af te laai (www.afriforum.co.za). “AfriForum moedig gemeenskappe landswyd aan om aan Boomplantmaand deel te neem, om die program te versprei en ’n verandering aan die toekoms aan te bring,” het Pawson afgesluit. Om by AfriForum aan te sluit, SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1).
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/boomplantmaand-wat-n-vars-briesie/
2016-09-12 18:10:16
Rooihartbeesbul slaan rekord by Hanley Wildlife Veiling
Tydens die veiling wat op 19 Augustus op Alldays aangebied is, is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys behaal vir ‘n Rooihartbeesbul wat verkoop is vir die rekordbedrag van R300 000. Die bul, met ‘n horinglengte van 27,5 duim was een van drie rooihartbeesbulle wat tydens die veiling verkoop is. Daar is ook ‘n goeie prys betaal van R20 000 vir ‘n rooihartbeeskoei met ‘n horinglengte van 20,5 duim. Ander wild wat goeie pryse behaal het was onder meer ‘n bosbokram wat vir R16 500, ‘n elandbul vir R27 000, ‘n kameelperd vir R15 000 en ‘n waterbokbul vir R19 000 verkoop is. Die gemiddelde pryse vir ander diere wat opgeveil is was gemsbokbul wat vir R8 500 en familiegroep van sewe wat R54 250 gehaal het, rooibokram vir hoogste van R2 600 (hoogste) en gemiddeld R1 540, rooibok ooie wat vir R1 176, sebra familiegroep vir R4 480 en blou wildebees familiegroep wat vir R3 513 elk gegaan het. Die totale omset vir die 271 volwasse en drie klein stuks wat opgeveil is was R1 376 850. Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en die afslaer was Craig le Roux.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/rooihartbeesbul-slaan-rekord-hanley-wildlife-veiling/
2016-08-30 11:19:43
Besige krieket-naweek vir HFM
THABAZIMBI – Beide die eerste-krieketspan sowel as die skool se o/15 krieketspan het ’n besige krieketnaweek agter die rug. Die Eerstespan speel tuis op Amandelbult se veld. HFM wen die loot en boul eerste. Merensky teken 179 /10 in 35.1 beurte aan. Boulers van HFM wat uitstaan is Jason Minnie met 3/15 en Nimroe Lategan met 3/47. HFM se kolwers sukkel en die laaste paaltjie val 21 lopies kort van die teiken. Nimroe Lategan teken 53 lopies aan en Dewan Deysel eindig met ‘n uitstekende 69. HFM verloor dus met 21 lopies. Die o/15-span het met puik spel voor die dag gekom toe hulle Vrydag 9 September teen Ben Vorster te Tzaneen te staan gekom het. HFM wen teen Ben Vorster die loot en kies om eerste te kolf. HFM teken 159 lopies aan in die 35 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Ben Vorster gaan kolf en HFM haal almal uit vir 115 lopies. Frikkie Meyer wen dus die wedstryd baie gemaklik. Gustav Grobler doen baie goeie werk as openingskolwer waar hy sy paaltjie baie goed beskerm en hy teken 38 lopies aan. PJ Bezuidenhout teken 45 lopies aan. Diehann Pretorius staan 23 lopies af in sy 6.3 boulbeurte en neem 3 paaltjies. JP Nortier neem 3 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte. Op Saterdag 10 September speel HFM se o/15’s teen Merensky. HFM wen die loot en kies om eerste te kolf. Hulle teken 104 lopies aan, almal uit. Merensky gaan die telling verby en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Devoux Deysel het die beste vertoning vir HFM gelewer en teken 41 lopies aan. Die laaste rondte van die Super liga is Saterdag eerskomend teen PHS. Die o/15’s speel tuis op Amandelbult en die Eerstes reis na Pietersburg.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/besige-krieket-naweek-vir-hfm/
2016-09-12 16:43:50
Eintlik Nogal Baie se amptelike lokprent bekendgestel
Die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie, word landswyd uitgereik in teaters op 4 November 2016. Eintlik Nogal Baie is gebaseer op die draaiboek, naamlik Ally, geskep deur Jarrod de Jong (The Blanket, Die Laaste Ure, Babalas). Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat se lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. In De Jong se eie woorde bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer. Dit het hy reggekry met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie. “Jong kykers kan definitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” het hy bygevoeg. Die rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein de Vries en ander in. Die fliek is geskryf deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment) en vervaardig deur Jarrod de Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). De Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar Eintlik Nogal Baie op 11 Oktober 2016 vertoon sal word. In November 2016, sal Eintlik Nogal Baie ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Die laasgenoemde fees bied aan filmmakers ‘n platform en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark. Die temalied van die fliek, Eintlik Nogal Baie, is vroeg in Augustus 2016 vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landswyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur die 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê de Jong. 1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met MadRobot, The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei. Die film is reeds op 24 Augustus 2016 by die kykNET Silwerskermfees vertoon. Vir die wat nie kan wag om te sien waaroor hierdie fliek handel nie kan die lokprent gaan kyk by https://www.youtube.com/watch?v=XdDRgk3jWuI&feature=youtu.be
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/31/eintlik-nogal-baie-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/
2016-08-31 21:53:29
Getoë Thaba inwoner sterf skielik
Gerrie de Wet (60), ’n getoë Thabazimbiër, het Sondagoggend 11 September aan ’n hartaanval beswyk. Gerrie is op Thabazimbi gebore en het hier grootgeword, skoolgegaan, gewerk en was hoof opmeter by Kumba totdat daar besluit is om die mynbedrywighede by Kumba Thabazimbi ysterertsmyn te staak. Gerrie was baie gewild en geliefd onder sy medewerkers en vriende en sal altyd onthou word vir sy lojaliteit, sin vir humor en vriendelikheid. Die begrafnisdiens is Vrydagoggend 16 September om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort Thabazimbi.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/15/getoe-thaba-inwoner-sterf-skielik/
2016-09-15 07:39:27
Kumba rehabilitasie projek aan pensioenarisse voorgelê
THABAZIMBI – Die Thabazimbi oud-Stryders, bestaande uit talle oorlewende Iscor/Kumba werkers en pensioenarisse van Thabazimbi Ysterertsmyn, het Saterdag 10 September hulle jaarlikse funksie aangebied. Paul Fouché, huidige mynbestuurder, het tydens die geleentheid genoem dat Kumba besig is om as deel van die rehabilitasie van die myn, die ingang na die myn te restoreer en werk daarvan te maak dat sekere geboue en toerusting bewaar sal bly as hul deel om mynbou-toerisme, te bevorder. Die wet vereis dat as ‘n mynmaatskappy sluit, moet selfs die geboue afgebreek word indien dit dalk leeg sou staan. Hier is genoem dat Kumba in gesprek met Thabazimbi Munisipaliteit is om maniere te vind om die geboue ten beste aan te wend. Fouché het dit genoem dat van die oud-werkers en pensioenarisse wat afbetaal moes word toe die myn gesluit het, en dalk nog nie nuwe werk kon kry nie, hopelik by hierdie projekte betrek kan word om hul inkomste aan te vul. Behalwe dat die rehabilitasie oor twintig jaar sal strek sal hierdie proses in verskillende fases aangepak word. So sal die aanleg eers oor vyf jaar afgetakel word. Fouché het egter genoem dat Kumba steeds hoop dat die myn verkoop kan word voordat hierdie stadium bereik word. Die oud-Stryders sal weer volgende jaar, gedurende die tweede naweek in September, hul jaarlikse byeenkoms hou.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/19/kumba-rehabilitasie-projek-aan-pensioenarisse-voorgele/
2016-09-19 17:37:30
Matthys Roets binnekort by KunsteGrot
Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger, Matthys Roets besoek Thabazimbi eersdaags. Matthys, ’n ou bekende aan die Thabazimbi publiek, tree op Saterdag 8 Oktober op by die KunsteGrot op Thabazimbi. Soos gewoonlik kan teatergangers staatmaak op ’n uitmuntende vertoning, nes Matthys kan. Bring gerus jou Engelssprekende vriende saam aangesien Matthys se repertoire heelwat Engelse liedjies insluit. Kaartjies is vooraf beskikbaar teen R130 per persoon by Rita Volschenk sel nr. 083 7448 559 of kontak haar op rivo@kunstegrot.co.za
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/22/matthys-roets-binnekort-kunstegrot/
2016-09-22 12:54:39
Laekoolhidraatleefstyl: Praktiese wenke
Maak seker alles is in plek Sjefs weet alles van voorbereiding. Hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), en dit is die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê. Ons gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man werk albei voltyds, en as ons nie ’n bietjie mise en place vir die week doen nie, sukkel ons. Onthou, ons wil nie in die groef verval om oorverwerkte en ongesonde wegneemetes of klaargemaakte supermarkmaaltye te eet nie. Begin met ’n maaltydplan Beplan die week se etes en maak ’n inkopielys daarvolgens. Ek gebruik ook sommer die geleentheid om die yskas en koskas uit te sorteer en plek te maak vir die nuwe aankope. Kry ’n roetine wat vir jou werk Ons almal se lewens verskil en jy sal weet wanneer jy tyd vir bak en ekstra kosvoorbereiding kan inruim. Ek knyp ’n paar minute oor die naweek af om vir die week voor te berei. • Saterdag is ons bakdag: Ek bak minstens een hoeveelheid van die Laekoolhidraat-broodrolletjies vir die kinders se kosblikke, of ek maak korslose quiches. • Sondagoggend: Terwyl ek Sondagmiddagete maak, is dit ’n goeie tyd om nog voorbereiding vir die week te doen aangesien ek reeds in die kombuis doenig is. Ek maak ons veelsydige vleiskragsop. Dit prut die hele dag op sy eie sonder enige moeite. Om tyd te spaar in die week, rasper ek kaas en bêre dit. Soms sal ons oor die naweek ’n groot pot bolognaise of ’n klomp vleiskoekies vir die week maak. Maak jou vrieskas jou beste vriend Om maaltye te vries, help ons baie gedurende die week as ons ’n besige naweek het en nie tyd het om vooraf die voorbereiding te doen nie. Verdubbel dit Ek is ’n groot voorstaander van kook in grootmaat. Dit verg dieselfde moeite om 1 hoender in die oond te rooster as om 2 hoenders te rooster. Diselfde beginsel geld wanneer jy 2 kg Bolognaise eerder as 1 kg maak. Op hierdie manier het jy nie net gesonde vulsels vir kosblikke nie, maar jou aandete vir ’n besige weeksdag is ook uitgesorteer. Geriefskos en ons gejaagde lewenstyl het ons beroof van ons vermoë om vooruit te beplan en te kook. Ons het ons gewone kosmaakvaardighede verloor, tot so ’n mate dat dit “moeilik” geword het om selfs ’n eenvoudige maaltyd te maak. Dit is nie dat mense nie kan kos maak nie (hoewel baie basiese vaardighede vergete geraak het), dit is dat ons nie meer in die gewoonte is om kos te maak nie. Ek praat van op ’n daaglikse basis vir jou gesin kos te maak: ontbyt, middagete, aandete en selfs die peuselhappies tussenin. Om van nuuts af te begin en te weet wat in jou kos ingaan: dit is waaroor die laekoolhidraat-leefwyse gaan; om verfynde en verwekte kosse uit te sluit en weer regte kos te eet!
http://www.rooirose.co.za/laekoolhidraatleefstyl-praktiese-wenke/
2016-09-19 12:46:56
Reis na Praag
Ek maak myself skraal teen die hoek van die gebou om onder die reëndruppels uit te bly. Ek en die twee tasse pas net-net onder die dak se oorhang in. Die man oorkant die straat op die kroeg se trappie sit my geamuseerd en dophou. Die bierbeker op die grond tussen sy voete in gaatjie-Crocs is amper leeg. “Gmf! Elfuur, nie ’n bietjie vroeg vir bier nie?” wil-wil ek my neus optrek, maar besef toe ek staan op ’n straathoek in Praag, hoofstad van die land waar daar in 2014 143 liter bier per persoon gedrink is. (Ná die vier dae in die stad lyk dit vir my na ’n konserwatiewe syfer.) Indien die spesifieke kroeg die Crocs-man se gewone uithangplek is, moet hy honderde toeriste soos ek per dag sit en aanskou. Effe verlore, effe nat en swetend met wieletjiestasse wat sukkel oor die antieke, gladde keistene teen die steil opdraand. “Ons is op die regte plek, hierdie is Nerodovastraat. Die hotel is net hoër op teen die bult,” praat my man agter my terwyl hy die nuutgekoopte padkaart opvou en in sy hempsak druk. Ons begin die tasse teen die steilte opsleep, sukkel op die een-mens-breë sypaadjie tussen baie ander toeriste. My voete en kuite protesteer oor die ongewone, skielike ooreising en ek begin benoud raak oor die volgende tien dae se baie stap. “Is jy by?” praat my man later van ’n paar treë vorentoe af oor sy skouer. Asem om te antwoord het ek nie, die opdraand is vreeslik! By die huis het ek my man se minimalistiese tasinhoud bekyk terwyl ek diskreet op my tas se hoeke geleun het om dit toe te kry. Nou is ek spyt, die ekstra skoene en baadjies maak moeilikheid. Dankie tog vir wieletjies! “Aa, ons is hier!” soete woorde wat hy net op daardie oomblik uiter. Ons is voor die deur van Design Hotel Neruda – ons tuiste vir die volgende vier dae. Vriendelike ontvangs, heerlike koffie en ’n belofte van gratis koek elke middag van vieruur af! Behalwe bier, is ons dan nou nie in die land van sjokolade, koek, “pastries” en Trdelnik nie? Ons blyplek, net onder die Praagpaleis se muur, is op die antieke, koninklike roete van die bekende Charles-brug af na die paleis. Dieselfde middag nog begin ons Praag-ekskursie by die paleis. St Vitus-katedraal, St George’s Basilika, Golden Lane, deel van die grootste, antieke paleiskompleks in die wêreld wat uit die negende eeu dateer. Tans die amptelike woning van die president van die Tjeggiese Republiek. Die steil opdraand paleis toe, bring ’n bonus – ’n mark! Oulike houthuisies waar kos, aandenkings en Trdelnik verkoop word. Ons eerste kennismaking met hierdie plaaslike lekkerny laat my besef as ek enigsins in my klere wil bly pas, sal ek ernstige selfbeheersing moet toepas, want dis só lekker dat ek dit soggens tot saans sal eet. Repe deeg wat om hout- of metaalsilinders gedraai word en oor kole gebak word, word in warm kaneelsuiker en neute gerol en les bes, indien ’n mens verkies, met Nutella aan die binnekant beplak. O! Ons verkies dit beslis! Hemels! Hier neffens die paleishek is ’n Starbucks – op die lys van “The best Starbucks Patios around the globe”. Die sogenaamde “majestic views” waarvan die webwerf vertel, is asemrowend! (Sien hooffoto). St George’s – die oudste kerk in die paleiskompleks dateer uit 920, maar St Vitus se uiterlike indrukwekkendheid oorskadu die geboue rondom en dreig om ’n mens met detail te oorrompel nog voordat jy by die deur in is. Ek kan nie ophou kyk na die goue mosaïek bokant die koninklike ingang aan die buitekant nie en met die instap lei die menigte marmerpilare wat ten hemele strek ’n mens so oë opwaarts. Hierdie katedraal is in 1344 begin en het ses eeue geneem om te voltooi. Met nederigheid kan ek my maar net staan en verwonder oor dié tydperk se mense wat met beperkte kennis en toerusting sulke grootsheid kon vermag. Geen moeite en koste te veel nie, geen detail te gering nie, geen tyd te lank nie. ’n Mens kan ’n hele dag hier verwyl, maar die res van Praag wag … Charles-brug, ons is op pad. Gelukkig hierdie keer genadiglik áf teen die steil bult.
http://www.rooirose.co.za/reis-na-praag/
2016-09-16 09:12:47
JP & Sue Duminy se geheime vir die huwelik
Sue sê as sy nie ’n goeie verhouding met God het nie, kan sy nie een met haar man wees nie. “My hele wese, my siel, my karakter spruit uit God. My gemoed, my gedagtes en my make-up is gewortel in Sy beeld. My leuse is: Probeer om soos Jesus te wees, as jy jouself in ’n moeilike situasie bevind, vra jouself hoe sou Hy opgetree het? Die meeste van die tyd sal jou antwoord wees – met liefde.” Sue glo mens moet liefde teenoor almal rondom jou toon – selfs teenoor die motorbestuurder wat voor jou insny in die verkeer. “Dalk is hy op pad na ’n geliefde in die hospitaal. Leer om mense die voordeel van die twyfel te gee. Ek belowe jou jou lewe sal ’n gelukkiger plek word!” Sy glo ook as jy vir God vind, vind jy ’n hele nuwe wêreld. ’n Wêreld van liefde, vrede, geluk en tevredenheid. “Vervulling vul elke uithoek van jou liggaam en gees. ’n Oorweldigende gevoel van beskerming en teenwoordigheid verwarm jou hart. Jou denke verander en jou reaksies is in beheer.” Die paartjie glo in die huwelik moet elkeen die beste weergawe van hom- of haarself wees voor jy ’n huweliksmaat kan wees. Hulle besef ’n ongelukkige paartjie beïnvloed alles en almal om hulle negatief. “Niemand wil in ’n verhouding of huwelik wees waar jy heeltyd voel jy loop op eiers nie. ’n Goddelike vrou en ’n Godvresende man se huwelik is gebaseer op die deugde geduld, liefde en vriendskap. Dit raak nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit hanteer mekaar nie met oneer nie, is nie eiesinnig of liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Liefde verlustig hom nie in die kwaad nie, maar bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” Vir hulle is liefde nie ’n goedkoop ding wat gou verwelk nie. Liefde is vir hulle ’n band, ’n verbintenis, en dit is ’n lewenslange band. Liefde kan ’n klomp dinge verduur. Liefde is konstant. Sue se siening van die liefde: “Liefde vir my is ’n intense, oorweldigende gevoel wat my hart letterlik warm laat voel. Dis ’n stormloop van endorfiene. Dit is ’n ongelooflike opwinding van geluk en vrede. Ek ervaar dit as ek my man en dogter sien.” JP se siening van die liefde: “Dit is ’n oorweldigende gevoel wat moeilik is om te verduidelik. Dis ’n warm sensasie in jou. Dit is buite jou beheer, maar jy weet dit is daar.” Sue se geheim vir ’n gelukkige huwelik is dat God die grondslag van die huwelik is, maar dat JP haar nommer een man is. “My verhouding met God beïnvloed my huwelik direk. As my gedagtes en hart op die regte plek is, sal my huwelik ook so wees. Moet nooit respek vir jou lewensmaat verloor nie. Maak altyd tyd vir mekaar, veral as jy kinders het. Praat met mekaar. Sê as jy nie van iets hou nie. Luister na mekaar. Luister met begrip en maak ’n verandering wanneer nodig. Die huwelik is ’n voortdurende aanpassing en verandering. Maak altyd seker jy en jou maat groei in dieselfde rigting.” Sy glo die huwelik behels ook dat mens mekaar ruimte gee om sy eie dinge te doen soos visvang of gholf speel. Sy dink altyd aan haar man voor sy besluite neem. JP wortel ook sy verhouding in God. Hy glo ’n onbaatsugtige ingesteldheid laat die huwelik werk en dat mens mekaar vryheid moet gee om as individue te groei. Sue het geleer om oor probleme te gesels. “Ek voel soveel beter as ek oor ’n konfliksituasie praat. Ons probeer ’n gemeenskaplike grond vind waar ons albei erken wat ons verkeerd gedoen het, om verskoning vra en die probleem laat gaan.” Sy glo die huwelik moet voortdurend geëvalueer en aangepas word. Dit verg diep gesprekke op ’n konstante basis. Die huwelik floreer op kwesbaarheid, eerlikheid en vertroue. JP sê in ’n huwelik kan elkeen soms dink sy menging is reg. “As elkeen eers luister voor hy reageer, sal die huwelik ’n lang pad stap. Neem tyd om te dink oor wat jy wil sê voor jy reageer. Dit is ’n stap in die regte rigting” – JP Duminy Sue meen as iemand deur ’n slegte fase gaan, moet jy praat oor die probleem. “Sê hoe jy voel, hoe hy/sy jou laat voel het en praat, altyd met liefde en respek, teenoor mekaar. Laat hom/haar verstaan wat jou lewensdoelwitte is en wat jy van hulle verwag en hoe jy ondersteun wil word.” Sy sê jy moet altyd onthou hoekom jy op daardie persoon verlief geraak het. “Die belangrikste deel is: Bid saam … bid vir mekaar” – Sue Duminy JP meen mense se ego is dikwels in die pad wat veroorsaak dat hulle ’n probleem self oplos. “Soms help dit om raad te vra as jy nie op jou eie die antwoorde kry nie. Dit is nie ’n swakheid om raad te vra nie, dit toon karakter.” Sue se raad aan enkellopende vroue is om te soek na ’n man wat jou met respek behandel en wat jou ondersteun, motiveer en vir jou sal opstaan. “Kry iemand met goeie morele waardes en ’n goeie werksetiek. Die regte man sal jou soos ’n prinses laat voel. Elke dag. Ek het lank vir so man gebid en God het my gebed verhoor.” JP het gesoek na ’n unieke vrou wat God oor sy pad sal bring. Iemand wie hy kan vertrou. En dit is Sue. Bron: Inspired Women Sue se rok deur Cindy Bam Couture Foto’s deur Shireen Louw
http://www.rooirose.co.za/jp-sue-duminy-se-geheime-vir-die-huwelik/
2016-09-24 16:26:11
Volg hierdie SA-fotograwe op Instagram
Volg hierdie SA-fotograwe op Instagram Dit is lente! En daarmee saam kom ’n begeerte om die land plat te reis en die asemrowende natuurskoon in te neem. Tog is daar nog ’n maand of twee wat voorlê voordat ons met die langpad vir die feesseisoen kan aandurf. Gelukkig kan jy danksy sosiale media ’n kykie kry in dit wat buite vir jou wag. Ons deel graag ons 5 gunsteling- plaaslike fotograwe wat Suid-Afrika se landskappe direk na jou slimfoon toe bring. Saamgestel deur Nicole Kemp. Bron: Instagram.
http://www.rooirose.co.za/volg-hierdie-sa-fotograwe-op-instagram/
2016-09-20 12:12:52
Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA
’n Silwermedalje in die 400 m vir vroue (T47) én medalje nr. 9 vir span SA by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die 23-jarige Anruné Liebenberg van Stellenbosch het Woensdagaand tweede geeïndig in ’n tyd van 58.88 sekondes. Haar voorloper was China se Li Lu wat met ’n tyd van 58.09 sekondes die goue medalje gewen het. Sae Tsuji van Japan was derde (1:00.62). Suid-Afrika het tot op hede nege medaljes by die Spele. Zanele Situ het Dinsdag ’n bronsmedalje gewen vir haar poging in die spiesgooi vir vroue (T54). Sy het ’n afstand van 17.90 m gegooi. Nigerië se Flora Ugwunwa het goud gewen én ’n nuwe wêreldrekord opgestel met ’n afstand van 20.25 m. Hania Aidi van Tunisië was tweede met ’n afstand van 18.88 m. Die gewigstoter Tyrone Pillay het Maandag nog ’n bronsmedalje vir SA ingepalm met ’n gooi van 13.91 m in die eindronde van die gewigstoot vir mans (F42). Aled Davies van Brittanje het goud gewen met ’n nuwe Paralimpiese rekord van 15.97 m, terwyl Iran se Sajad Mohammadian tweede was met ’n afstand van 14.31 m. Lees ook: 14-jarige van SA wen ’n Paralimpiese medalje Suid-Afrika se medaljes lyk op die oomblik dus as volg 1. Kevin Paul (100 m-borsslag vir mans) – Goud 2. Hilton Langenhoven (verspring vir mans) – Goud 3. Charl du Toit (100 m vir mans) – Goud 4. Fanie van der Merwe (100 m vir mans) – Silwer 5. Ilse Hayes (100 m vir vroue) – Silwer 6. Ntando Mahlangu (200 m vir mans) – Silwer 7. Tyrone Pillay (gewigstoot vir mans) – Brons 8. Zanele Situ (spiesgooi vir vroue) – Brons 9. Anruné Liebenberg (400 m vir vroue) – Silwer
http://www.rooirose.co.za/paralimpiese-spele-9de-medalje-vir-sa/
2016-09-15 11:57:30
Die eenvoudige wit T-hemp
Die wit T-hemp was oorspronklik in die 19de eeu as onderklere gebruik. Dit is ook in dieselfde era deur mynwerkers gebruik as ’n gerieflike bedekking vir warm omgewings. Die T-hemp was ook gewild in die Amerikaanse vloot. Die matrose het die T-hemp onder hul uniforms gedra en by partytjies hul uniform-baadjie uitgetrek. Die wit T-hemp is gedra om nie te warm te kry of op hul baadjies te mors nie. As mens aan ’n tyd dink wat die wit T-hemp hoogmode was, kom die 90’s op … Met die 90’s wat dié grootste trend is vir Somer 2016, is die wit T-hemp weer groot nuus en ’n moet-hê item. Daar is selfs handelsname wat eenvoud vier, soos die T-hemp. Country Road het tans ’n veldtog, Simple things. Die veldtog het ‘n wêreldklas-Australiese CAST. Dit bestaan uit ‘n ongelooflike modelle soos Bridget Malcolm, Jordanië Barrett en Zoe Barnard en jong talentvolle akteurs Xavier Samuel en Natasha Liu Bordizzo. Die groep is verenig deur hul waarde en waardering vir die eenvoudige dinge in die lewe. Intimiteit, vriendskap en nadenke te maak vir oomblikke, soos die eenvoudige dinge wat betekenis hou. Of dit nou ‘n warm glimlag, tyd saam met vriende, jou gunsteling t-hemp of die perfekte jean is. Indien jy gewonder het wat om vanjaar op Braaidag te dra, is jou probleem opgelos. ’n Wit T-hemp is eenvoudig, prakties, gemaklik en nou kan “hoogmode” ook by die lys gevoeg word. Die beste van alles: dit pas by als! Dra dit saam met jou jeans, ’n kortbroek of romp in enige kleur of patroon. Country Road- t-hemp (R249) Woolworths T-hemp (R119) Miladys. T-hemp (R149) H&M. T-hemp (R349) Polo.
http://www.rooirose.co.za/die-eenvoudige-wit-t-hemp/
2016-09-14 15:12:14
Wen kaartjies na die Kaapstadse Blommeskou
Die jaarlikse Kaapstadse Blommeskou word vanjaar by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad gehou. As jy groen vingers het, is dié geleentheid beslis vir jou! Besoekers kan uitsien na ’n eerstehandse voorskou van die jongste tuinmaak-giere, plant-kombinasies en ontwerpe vir buitelug-leefareas. So ook val die kollig op Suid-Afrika se plaaslike kos-gemeenskap en bring dié Blommeskou alles onder een dak saam. Van die moet-doen aktiwiteite sluit in: • Skou-tuine: soos wat besoekers die Kasteel-gronde betree, sal hulle met 20 van die land se top landskap-argitekte se ontwerpe gegroet word. • Bloemiste: besoekers kan verskeie werkswinkels en voorskoue bywoon, asook deelneem aan die eerste MasterFlorist-kompetisie! • Blomme in Kuns: in die Secunde Huis sal ’n uitstalling van verskeie kunswerke, elk geïnspireer deur die blommeryk, uitgestal word. • Kwekerye en sade: ’n groot verskeidenheid van kwekerye en saad-maatskappye sal teenwoordig wees om hul meesterlike kennis te deel. • Kaartjies beloop R150 (aanlyn by Computicket) en R180 (by die deur). per volwassene en R90 vir kinders tussen die ouderdom van 10-17 jaar. Vir meer inligting gaan na www.capetownflowershow.co.za Voltooi die onderstaande vorm en jy kan een van die gelukkige wenners wees Sluitdatum: 21 Oktober 2016 Terme en voorwaardes Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres * Adres * Ek het die kompetisiereëls en voorwaardes gelees en verstaan * Ja Nee Third Choice Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee Third Choice
http://www.rooirose.co.za/wen-kaartjies-na-die-kaapstadse-blommeskou/
2016-09-26 14:29:10
Buitelug dekor
1. Besluit hoe jy jou buitelug spasie wil benut. Wil jy dit as onthaalarea gebruik, of soek jy net ’n rustige hoekie om jou gunstelingboek te lees? 2. Kies gemaklike stoele of banke. Mooi is nie altyd gemaklik nie. 3. Kies meubels wat die weer kan trotseer. So vermy jy onnodige tyd (en geld) om die meubels voortdurend op te knap. Metaal, kiaat, seder en behandelde rottang is goeie opsies wat vir jare mooi lyk. 4. Stoor jou meubels gedurende die buiteseisoen en voeg jare by tot die voorkoms. 5. Kies eerder kwaliteit. Sommige plastiekstoele en tafels lyk mooi, maar verweer binne twee jaar. Dieselfde geld vir minderwaardige hout- en rottang-meubels. 6. Maak gebruik van ’n buitelug-mat om jou area af te baken. 7. Daar is ook eindelose materiale beskikbaar wat die elemente kan trotseer. Span dit in as strooikussings. Verskaffers @Home (0860 576 576) Weylandts (021 914 1433) Block & Chisel (021 691 0878) www.hertex.co.za www.mrphome.co.za www.bluebay.co.za www.woolworths.co.za Lantern R350 van Woolworths Astro tafeltjie R699 van @Home Bold bank R20 995 van Weylandts Carnation sonbed R8995 van Block&Chisel Gozo stoel R2499 van @Home Java stoel R6995 van Loft Living Lula sonbed van Blue Bay. (POA) Lantern R259.99 van Mr Price Home Sicily stoel R3995 van Block&Chisel Kubu koffietafel R1100 van Mr Price Home Kubu kant tafel R499 van Mr Price Home Buitelug materiaal. Ontwerp: Time out. Kleur: Fog van Hertex. Prys: R866.40 pm Buitelug materiaal. Ontwerp: Toucan. Kleur: Drizzle van Hertex Prys: R866.40 pm Steamers sonbed R4995 van Weylandts Buitelug materiaal. Ontwerp: Time out. Kleur: Fog van Hertex. Prys: R866.40 pm
http://www.rooirose.co.za/buitelug-dekor/
2016-09-26 05:00:25
KAMERS 2016
Die nuus is onlangs bekendgemaak dat die gewilde KAMERS-mark weer die land se mees innoverende, kreatiewe en opwindende kunsskeppers die kans gaan gee om hul handewerk met ons te deel. Dit is amptelik vasgestel dat KAMERS nog drie markte vir 2016 gaan hou met venues wat in Johannesburg, Pretoria en Stellenbosch aangekondig is. Dié nuwe markte is te danke aan die groot aanvraag na handgemaakte produkte wat weens die vorige KAMERS-geleenthede ontstaan het. Die datums en tye is soos volg: Johannesburg 28 September – 2 Oktober Galleria, Kramerville, Sandton Daagliks van 9:00 – 17:00 Irene, Pretoria 28 November – 4 Desember Open Window, Southdowns Daagliks van 9:00 – 17:00 Stellenbosch 1 – 6 November Anura Wynlandgoed Daagliks van 9:00 – 17:00 Kaartjies kan op www.plankton.mobi gekoop word en sluit die toegangsfooi, ’n tydskrif en ’n KAMERS-inkopiesak in. Studente- en pensionarisafslag is beskikbaar. Alle persone onder 18 jaar geniet gratis toegang (uitsluitend ’n tydskrif en inkopiesak).
http://www.rooirose.co.za/kamers-2016/
2016-09-18 16:20:26
Hoekom vroue makliker verslaaf raak aan pynpille
Hoe op aarde raak mens verslaaf aan iets so algemeen en skadeloos soos pynpille? Oud-kollega Susan is een van 36 miljoen mense wêreldwyd wat in die slaggate van pynpil-afhanklikheid vasgeval het. Hoe ek van pynpille afhanklik geraak het “Dit gebeur stadig. As ek nou terugdink, glo ek dit het met stres begin. Ons het aan die begin van ons getroude lewe met min geld oor die weg moes kom. Ek het ekstra ure begin werk en ook met honde begin teel. Toe raak ek swanger en begin ek stres oor wat as ek ophou werk. En toe verloor ek die baba, wat my erg gevang het. Ek het gereeld begin om hoofpyne te kry. En daarvoor mag ek sekerlik ’n pynpil drink, het ek gereken. Kort voor lank het ek byna elke dag ’n hoofpyn gehad, en byna elke dag ’n hoofpynpil gedrink. Toe werk dit nie meer so goed nie en ek het soms twee pille begin drink. Soms, as ek baie moes konsentreer, wou ek die hoofpyn vinniger wegkry, dan het ek drie pille gedrink. Ek het ook met tye sleg geslaap, en dan raak ek verder agter met my werk. Ek móés hoofpynne voorkom. So gebeur dit dat ek nooit sonder pynpille kan wees nie. Ek het begin sorg dat ek altyd twee pakkies pynpille by my het – een in my handsak en een by die werk. Die pille het al te gou opgeraak en so het ek begin pynpille koop elke keer wanneer ek verby ’n apteek stap. Later het ek elke keer as ek by die dokter was gevra dat hy tog vir my pynpille ook voorskryf omdat ek sukkel met hoofpyn voor menstruasie. So bekruip dit mens.” As Susan se storie net sowel jou eie kan wees, is hier nuus vir jou: jy is waarskynlik verslaaf aan morfien … of sterk op pad soontoe. Drugwise-konsultant vir die SA Farmaseutiese Vereniging, David Bayever, verduidelik dat kodeïen nét soos morfien en heroïen werk. “Kodeïen, morfien en heroïen bind op presies dieselfde opoïed-pynreseptors in jou brein. Wanneer hulle beset is, stel jou liggaam dopamien vry wat die pyn stil. Maar dopamien laat jou ook energiek, ontspanne en eufories voel, wat nie te versmaai is terwyl jy olik is nie. Namate jy herstel, het jy nie meer die pynverdowende uitwerking nodig nie, maar jy mis dan die aangename, ontspanne gevoel. Jou brein “weet” hoe om dit terug te kry: dit smag na kodeïen. Hoe maklik kan jy verslaaf raak? Dit gebeur nie oornag nie, sê David. “Diegene wat verslaaf raak, gebruik pynpille lank aaneen – hulle is byvoorbeeld ná ’n operasie vir langer as drie weke op pynpille, wat lank genoeg is om die brein ’n voorkeur vir kodeïen te laat ontwikkel. “Die probleem kom wanneer hulle ophou sodra die operasiepyn weg is. Pyn is toevallig een van die onttrekkingsimptome wat jy gaan ervaar as jy ophou om kodeïen te gebruik. Jou brein sê dus vir jou: jy het pyn, drink ’n pynpil. En drink jy die pynpil, sê jou brein: sjoe, dit werk goed. Kyk hoe lekker voel jy nou. En so begin die bose kringloop.” Lees ook: Pasop vir dwelms in jou drankie Daar is nog ’n kwessie: jou gene. Sowat tien jaar gelede is vasgestel dat mense met baie CYP2D6-aktiwiteit kodeïen supervinnig verwerk en in reuse-hoeveelhede morfien omskakel. Vermoedelik raak hierdie mense makliker as ander aan kodeïen verslaaf. Tot 15% van Afrikane is supervinnige metaboliseerders, teenoor slegs 1% Chinese. Is afhanklikheid van pynpille ’n regte verslawing? Beslis, sê David. “Al verskil is dat jy kodeïen wettig by enige apteek kan koop.” Dit is waar, sê Tertius Cronjé van SANCA (SA Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels). “Die WGO sê sowat 36 miljoen mense wêreldwyd is verslaaf aan kodeïenpynpille. In Suid-Afrika is een uit elke vyf mense op ons staat se dwelmrehabilitasieprogramme aan kodeïen verslaaf, meestal saam met ’n ander dwelm soos drank of heroïen. “Vir baie is kodeïen die intreedwelm, waarna hulle oorskakel na sy ouboetdwelm, heroïen, wat byna dieselfde ding is” Dit is skokkend om te dink dat gewone mense soos ek en jy ons breine ontvankliker vir heroïen maak deur doodeenvoudig ’n paar pynpille vir iets soos spanningshoofpyn te drink. En so onskuldig en onbepland dwelmslawe kan raak. Hoekom dan nie maar pynpille met kodeïen heeltemal verbied nie? David verduidelik: “Mense verbeel hulle nie net dat kodeïen pyn verlig nie. Dit ís uitstekend – die beste middel op die mark vir pyn, koors en selfs vir die verligting van die simptome van ernstige siektes, soos vigs. “Kodeïen is ook goedkoop. Ons is ’n armer, ontwikkelende land. Daarom wil jy dit juis vir mense bekostigbaar maak om na hulself te kan omsien. As ons alle pynpille met kodeïen net op voorskrif kan kry, moet mense deur ’n dokter werk. Dan raak dit duur vir gewone mense om gewone pyne en skete self te hanteer. Dus: ter wille van toeganklikheid moet ons die prys laag hou. Maar so word dit ook ’n goedkoop dwelm. Die kwessie moet goed bestuur word sodat pynlyers hulp het en potensieel verslaafdes terselfdertyd beskerm word. “Kodeïen is net soos drank: goed en reg op sy tyd. Dis immers net sommige mense wat verslaaf raak. Ons hoef nie pynpille ter wille van die minderheid te verbied nie, maar ons kan ook nie hul belange ignoreer nie.” Watter skade doen pynpille met kodeïen? Iets wat so veilig is dat jy dit sonder voorskrif kan kry, en jou boonop kan help ontspan en beter laat slaap, klink so onskadelik soos ’n glasie wyn met aandete. Van die jare tagtig af is kodeïen as veilig beskou en het dokters dit al hoe makliker vir al hoe langer voorgeskryf – tot daar opgemerk is dat sterftes weens kodeïen toegeneem tot 20 000 mense elke jaar – net in die VSA. Die publiek en selfs dokters onderskat hoe ernstig die verskuilde risiko’s is, verduidelik David. “Soos jy al dieper in afhanklikheid inbeweeg, gebruik jy al meer – en te veel daarvan onderdruk jou asemhalingstelsel. Dit is juis hoekom dit ’n uitstekende hoesonderdrukker is. Iewers gebruik jy net-net te veel en hou jy op met asemhaal.” Kodeïen doen ook ander skades soos: Kognitiewe skade. Jy raak onsamehangend, vergeet, voel vaag en konsentreer moeilik Lae seksdrang of libido Hardlywigheid Die grootste probleem is egter dat hoe langer jy kodeïen gebruik, hoe minder help dit vir pynbeheer, se David. “Boonop raak gebruikers hipergevoelig vir pyn. Hoe langer jy kodeïen gebruik, hoe meer pyn het jy.” Hoewel korttermyngebruik pyn baie goed verlig, is daar min bewyse dat dit op die lang termyn help – en baie bewyse dat dit jou skade doen. Wat as jy reeds verslaaf is? Gestel jy klou reeds sterk vas aan jou pynpille? Dan is dit tyd om te stop, sê Tertius. Jy kan geleidelik stop of doodstop. Hoe langer en hoe groter die hoeveelhede wat jy gebruik het, hoe intenser is die onttrekkingsimptome. Jy kan ook jou dokter vra om iets voor te skryf om jou oor die ergste onttrekkingsimptome te help. Lees ook: Verslaaf op jou oudag “Die onttrekking is nie lekker nie. Jy kan enige van die volgende verwag: bewerigheid, sweterigheid, diarree, maagkrampe, naarheid, spierpyn, gapery, ’n loopneus, ’n toe neus, kwyling, vinnige asemhaling en/of hoendervleis. Die angs, geïrriteerdheid, algemene verwardheid en ’n smagting na jou gewone pynpilverligting vang die meeste mense die ergste. “Hou net uit. Dit gáán verby. En as jy regtig vasbrand, help ons by SANCA graag,” sê hy. Kry hulp SANCA Narcotics Anonymous
http://www.rooirose.co.za/hoekom-vroue-makliker-verslaaf-raak-aan-pynpille/
2016-09-15 12:06:50
Dis hoekom jy nie moet oefen as jy hoes nie
Baie mense sal maklik verkoue-simptome ignoreer en dit as ’n klein probleempie afskryf waardeur hulle kan aanhou werk en oefen. Maar selfs ’n ligte sarsie oefening kan onnodige druk op die liggaam plaas en jou aan gesondheidsrisiko’s blootstel, sê dr Maki Ramagole, ’n kenner in Sportgeneeskunde. “Wat mense dikwels vergeet, is dat ’n hoesbui aandui dat jy nie gesond is nie. As jy oefen, word jou longe se suurstof-inname verhoog. As jy hoes, kan jou longe dit nie doen nie,” verduidelik sy. “Jou liggaam gebruik ook meer energie om teen die infeksie te probeer veg. As jy oefen terwyl jy siek is, maak jy die energievlakke in jou liggaam arm en sukkel jy om doeltreffend te herstel.” Die gevare van oefening wanneer jy siek is, sluit in die risiko van miokarditis (inflammasie van die hartspiere), wat lewensgevaarlik kan wees. Opeenhoping van vog in die longe kan ook lei tot edeem. Moenie die verkoue probeer uitsweet nie. Dit is ’n mite. Trouens, oefening tydens koors kan katastrofies wees vir die liggaam. As jy ’n loopneus het sonder hoes en koors, kan matige oefening veilig wees. Maar, as jy hoes en infeksie in die longe het, is dit gevaarlik om te oefen. Volgens dr Ramagole moet jy jou liggaam kans gee om te herstel ná ’n hoes-aanval of griep voor jy jou oefenprogram hervat. Sy beveel aan dat jy koorsvry moet wees vir drie dae voor jy weer begin oefen. “Gee jouself tyd om te genees – sien ’n dokter vir ’n akkurate diagnose. Rus en drink baie vloeistowwe” Sy sê ook: “Let op hoe jy voel. As jy enige naarheid, duiseligheid of kortasem ervaar of swak voel, stop dadelik.” Lees ook: Stop jou nikotien-verslawing met oefening Ses oefeninge vir vroue bo 40
http://www.rooirose.co.za/dis-hoekom-jy-nie-moet-oefen-jy-hoes-nie/
2016-09-23 15:24:32
Borskankermaand: Hoe kan jy help?
Dianthus se ‘Pink Kisses’ Bederf jouself en die vroue in jou lewe deur die Dianthus ‘Pink Kisses’ blommerangskikking te koop. Nie net is dié pragtige blomme die ideale geskenk nie, maar dit is ook ’n goeie manier om die bewusmaking van Borskanker te ondersteun aangesien ’n gedeelte van alle verkope aan die PinkDrive-inisiatief geskenk word. PinkDrive is ’n nie-winsgewende organisasie van mobiele, vroue-klinieke wat gratis dienste soos mammogramme en kliniese borsondersoeke aan vroue regoor die land bied. Mugg & Bean se Cupcakes of HOPE Dié inisiatief van Mugg & Bean is daargestel om bewusmaking rakende kinders met kanker te bewerkstellig, deur kolwyntjies in elk van die 190 restaurante te verkoop. Soos die Dianthus-projek word ’n gedeelte van alle kolwyntjie-verkope saam gesit ten einde genoeg fondse in te samel om onder meer die duur behandelings wat sommige pasiënte moet ondergaan, te dek. Pink Trees for Pauline Hierdie projek het oor die jare heen diep in ons harte gekruip danksy die derduisende pienk-toegedraaide bome wat ons dorpe en strate elke Oktobermaand versier. Die rasionaal agter dié inisiatief is om soveel as moontlik plaaslike kanker-organisasies te ondersteun deur gemeenskappe te bemagtig om fondse vir dié organisasies in te samel danksy die pienk lap wat by Pink Trees for Pauline -verteenwoordigers aangekoop kan word. Sodoende word die inkomste wat vanuit dié aankope aan die organisasies geskenk. Dié lap word dan gebruik om die betrokke dorp se bome te versier. Besoek die Pink Trees for Pauline-webtuiste vir meer inligting.
http://www.rooirose.co.za/borskankermaand-hoe-kan-jy-help/
2016-09-20 14:06:44
Kuierkosforum: Wen ’n kopie van 'Kuierkos'
Vickie de Beer se ‘rooi rose Kuierkos‘ is ’n pragboek propvol resepte en idees vir familiefeeste en langsame kuiers met pelle – of jy nou ’n somerbraai of ’n snoesige winterkuier beplan. Hier is resepte wat almal sal laat smul! Jy kan een van dié spoggerige kookboeke wen as jy jou lekkerste, lafste of vrolikste kuier met ons in sowat 100 woorde deel. Skryf só in • Beskryf jou kuier in sowat 100 woorde en deel jou besonderhede (sien vorm onder) • Sluitdatum: 9 Oktober 2016 om middernag Nóg ’n kans • Deel ’n foto van jou lekkerste kuier op ons Facebookblad (klik hier) en jy kan ’n kopie van Kuierkos wen • Gebruik die hutsmerk #Kuierkos om in aanmerking te kom • Ons gaan ook al ons gunsteling-kuierfoto’s op ons webblad deel • Kuierkos is vanaf Oktober verkrygbaar in boekwinkels landwyd en kos R330 rooi rose Kuierkos Beskryf jou lekkerste, lafste of vrolikste kuier in sowat 100 woorde * Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres *
http://www.rooirose.co.za/kuierkosforum-wen-n-kopie-van-kuierkos/
2016-09-16 11:14:31
Spek in al sy glorie
Spekkonfyt Maak 500 mℓ Die perfekte kombinasie van soet en sout! Sit die spek op bruschetta of op ’n kaasbord. • 500g repiesspek, fyngekap • 1 ui, fyngekap • 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap • 125 ml sagte bruinsuiker • 125 ml aangemaakte sterk koffie • 60 ml esdoringstroop of heuning Maak so: 1 Braai die spek in ’n pan tot bros en gaar. Skep uit en hou eenkant. Hou die olie in die pan. 2 Braai die ui en knoffel vir 5 min. in die spekolie. 3 Voeg die spek, bruin- suiker, koffie en esdoringstroop by. 4 Laat prut vir 20-25 min. of tot die konfyt blink en dik is. Spekburger Wat het ’n burger nodig om dit nóg lekkerder te maak? Spek natuurlik. Maak jou gunsteling-frikkadelle, draai in repies spek toe en braai soos gewoonlik. Smul! Karamelspek Ja, jy kan spek karamelliseer. Dit maak dit net nóg beter. Esdoringstroopspek Verhit die oond tot 200 °C. Pak 8 spekrepies op ’n bakplaat en verf elk met esdoringstroop. Bak vir 7 min. Draai die spek om en verf weer met esdoringstroop. Bak vir nog 7 min. tot krakerig. Sjerriekaramelspek Verhit die oond tot 200 °C. Marineer 8 spekrepies vir ’n uur in 125 ml sjerrie. Verhit 125 ml bruinsuiker en 45 ml sjerrie in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos is. Kook vir 1 min. Pak die spekrepies op ’n bakplaat. Verf elk met die sjerriestroop. Bak vir 7 min. Draai die spek om en verf met nog sjerriestroop. Bak vir nog 7 min. of tot krakerig. Whisky-karamelspek ( jy kan ook tequila gebruik!) Volg die sjerriekaramel-resep, maar vervang die sjerrie deur whisky.
http://www.rooirose.co.za/spek-al-sy-glorie/
2016-09-27 12:00:19
Oefen-truuks vir lente
Dis moeilik om na die lang wintermaande weer in ’n oefenroetine te kom aangesien jou fiksheidsvlakke gedaal het en jou oefenklere dalk bietjie stywerig pas. “Dit is nou ’n goeie tyd om jou rusbank te groet en jou oefenskoene aan te trek,” sê Adventure Boot Camp se Hoofafrigter, Wendy-Joy Timmes. “Die dae is langer, maar nog steeds koel en vars. Dit is die ideale tyd van die jaar om in die buitelug te oefen.” Hier is nuttige wenke om ’n lentebries oor jou oefen-roetine te laat waai. 1. Jou voete is gemaak om mee te loop Die weer is beter en jy kan nie meer die koue of verkoues as verskoning gebruik om op die rusbank te bly lê nie. Stel jou wekker vroeër of gebruik die voordeel van die langer dae om in die buitelug ’n vinnige stappie in te kry. 2. Kom uit Probeer om in die buitelug te oefen. Dit kan baie vervelig wees om elke dag in die gimnasium te oefen. Die buitelug sal jou gemoed lig en die goedvoel-hormone sal jou help om lekkerder te oefen. Dit is ideaal om van die wintermorbiditeit ontslae te raak. 3. Maak oefening interessant Daar is baie dinge in die buitelug wat jy kan gebruik om jou oefenprogram interessanter te maak. Klim trappe in die park, gebruik die park se bankies. Stap steiltes uit. Wil jy aansluit by ’n span wat jou steun? Sluit aan by Adventure Boot Camp! Klasse is landwyd beskikbaar en elke kamp duur vier weke. Kies ’n klas wat by jou skedule pas – vroegoggend of saans – vir 4, 12 of 20 sessies per maand (dit is een, drie of vyf dae per week). Besoek www.AdventureBootCamp.co.za vir meer besonderhede.
http://www.rooirose.co.za/oefen-truuks-vir-lente/
2016-09-15 14:51:35
3 belangrike keuses oor die tepeltatoe ná borskanker
’n Tepeltatoe is waarskynlik een van die laaste dinge waaraan jy dink. Maar dalk moet jy juis vooraf daaroor oplees en jou huiswerk doen oor die verskeie opsies vir tepelherstel, want party van jou keuses kan jou beperk. Dit is moeilik want die inligting is oorweldigend. Eers kry jy die skok van kanker, dan kom die vloed inligting en opsies: Watter soort kanker het jy? Watter behandeling: chemo, herseptien of bestraling? Mastektomie? Met of sonder rekonstruksie? Genetiese toetsing of weefseltoetse? Hoe wil jy lyk daarna? Wat betaal jy en wat betaal die mediese fonds? Die probleem is dat jy nie weet wat jy wil hê nie. Daar is ’n dosyn opsies, elkeen met ’n warboel van implikasies. Soos wat jy ’n olifant happie vir happie eet, is dit ook die beste om jou vrae oor borskanker in kassies te deel en een vir een uit te sorteer. Hierdie ‘happie’ gaan oor tepels: wat is jou opsies? ’n Bietjie perspektief, om mee te begin • Jou tepels – een of albei – kan in die slag bly. • As net een bors geopereer of verwyder word, gaan die tepels daarna waarskynlik in vorm en/of posisie verskil. • As jou tepels (een of albei) verwyder word, moet jy vooraf sekere keuses maak aangesien party opsies mekaar uitsluit. • Jou dokter kan jou dikwels vooraf ’n goeie indikasie gee of jou tepels behoue gaan bly. Maar soms sien hy eers in die teater wat die omvang van die chirurgie is – en moet hy noodgedwonge aanpas en wel jou tepel/s verwyder. Die beste is om ’n Plan A, B en selfs C vooraf met hom uit te klaar, sodat hy weet wat jou tweede keuse sou gewees het. • Maak seker dat jy en die dokter dieselfde bedoel as julle van tepels praat. Dokters onderskei gewoonlik baie duidelik tussen die tepel (punt) en die areola (die gekleurde deel rondom die tepel self). As vroue egter na tepels verwys, bedoel hulle die tepel met die areola ingesluit. As jy jou tepels verloor Onthou, dit gaan daaroor om jou lewe te red. Mooimaak kom tweede. Maar dit beteken nie dat jy nooit weer mooi tepels met areolas kan hê nie. Dokters kan tepels baie goed naboots en skep. Areolas is egter baie moeiliker om chirurgies te herskep. Hiervoor is tatoeëring uitstekend – maar spesifiek mediese dermapigmentasie en nie kosmetiese of gewone tatoes nie. ’n Vaardige dermapigmenttegnoloog skep ongelooflike drie-dimensionele areolas met mediese tatoeëring, of dermapigmentasie soos mens dit meer korrek noem. Hulle kan ook ’n tepel inkleur en so meer natuurlik laat lyk. Al kwessie is dat jy vooraf moet besluit oor die soort areola wat jy uiteindelik wil hê: ’n chirurgiese of ’n getatoeëerde areola? Die twee sluit mekaar nie uit nie, maar ’n chirurgiese areola bemoeilik ’n getatoëerde areola omdat dit die pigmenttegnikus beperk. 1 Behou jou tepels na borskanker Afhangende van jou soort borskanker kan jou chirurg jou tepels en areola behou. Basies word die tepels uitgesny, die nodige chirurgie gedoen en die tepels terug geplaas. • Voordele Na rekonstruksie lyk dit net soos tevore – eerste keuse vir ons almal. • Nadele Soms ontstaan komplikasies en vestig die tepel nie. Dit gebeur egter selde. Jy het dan geen tepel of areola nie. 2 Herskep tepels en areolas met chirurgie As jou tepels nie behoue kan bly nie, kan jou chirurg vir jou nuwe tepels skep. Verskeie tegnieke is beskikbaar. Basies word ’n bietjie vel bymekaar getrek en vasgewerk, sodat jy ’n klein, knoppie vir ’n tepel kry. Party dokters sal ook vir jou ’n areola skep. Dit is moeilik om natuurlik te laat lyk. Jou oorspronklike areola is donkerder, en jou dokter moet van iewers op jou vel donkerder vel kry hiervoor. ’n Gewilde opsie is om ’n bietjie voetsool- of kopvel te gebruik. Maar hierdie tipe vel is hard en voel skurwerig. As die chirurg slegs aan een bors werk, kan hy soms van die ander bors ’n bietjie areola-vel ‘leen’ en so rondom elke tepel ’n klein areola skep. Die chirurgie word dikwels in twee stappe gedoen: die kankerchirurgie word eers afgehandel – die borste word dus eers ‘heel’ gemaak. Maande daarna, wanneer jy gereed en gesond is, word die borste ‘mooi’ gemaak, met rekonstruktiewe chirurgie. Die tepel en/of areola word nou eers geskep. Voordele • Jy word na die operasie met ’n nuwe tepel en areola wakker. Dit kan beter voel as om geen tepel of areola te hê nie. Nadele • ’n Chirurgiese areola beteken dat jy ’n veloorplanting as bykomende operasie nodig het. Dit is duurder, en beteken ’n tweede wond wat ook versorg moet word. En jy sit met nóg ’n letsel. • Moenie ’n perfekte tepel en veral areola verwag nie. Onthou, die tepel en areola gaan baie anders lyk as vantevore en selfs ‘lelik’ wees. Veral areolas kan vreemd lyk, omdat hulle opvallend is in vergelyking met die tepel. • As daar net aan een bors gewerk word, sal hierdie tepel en areola waarskynlik baie verskil van die ander bors s’n. Die nuwe tepel en areola kan hoër of laer as jou ander tepel sit. Dit is nie altyd moontlik om die operasie so te doen dat die tepels eenders geplaas word nie. • As die chirurgiese areola/s verskil, kan ’n dermapigmenttegnikus hulle so eenders as moontlik probeer kry, maar dit is moeilik omdat die chirurgiese areola reeds in plek is en nie geskuif kan word nie. 3 Herskep tepels sonder areolas, opgevolg deur tepeltattoes Jou chirurg herskep net ’n tepel – sonder ’n areola. Voordele • As jy net ’n tepel het, is dit maklik om ’n volledige nuwe areola daarom te skep met mediese ink. • As die twee tepels nie ewe hoog sit nie, is dit maklik om die areolas so te plaas dat dit lyk asof die tepels ewe hoog sit. • Die vel van ’n getattoëerde areola voel normaal, net soos jou oorspronklike areola, terwyl sool- en kopvel skurf voel. • Jy spaar die koste verbonde aan ekstra chirurgie vir die skep van ’n areola. Nadele • Jy moet vir eers met ’n onnatuurlike voorkoms saamleef en wag tot alles genees voor jy dermapigmentasie aanpak. As jy ’n tepeltatoe verkies • Bespreek vooraf met jou chirurg dat hy net die tepel gaan rekonstrueer, sonder plastiese chirurgie vir ’n areola. • Onthou dat die tatoe eers gedoen word na alle behandeling voltooi is en die vel gesond en heel is. Dermapigmentasie kan reeds drie maande na jou laaste terapie gedoen word, sodra die vel gesond is. Jy kan dit ook jare later laat doen – dit is nooit te laat vir dermapigmentasie nie. • Kies jou dermapigmenttegnoloog versigtig – kyk na hul werk en vra watter opleiding hulle het. • Maak veral seker dat hulle mediese graad-ink gebruik. • Die werk word oor ’n paar weke gedoen: jy begin met ’n afspraak om die tatoe te beplan. • Daarna volg die tatoëersessie. • Dit kan ’n week of twee neem om heeltemal te genees. Aanvanklik sal die vel rooi en effe ongemaklik wees. • Na sowat drie weke sal jy die werklike effek sien. • Laastens volg die laaste sessie waar die finale afronding gedoen word, as dit nodig is.
http://www.rooirose.co.za/3-belangrike-keuses-oor-die-tepeltatoe-na-borskanker/
2016-09-20 15:06:02
Hulp vir eksamenstres
Dr. Gillian Mooney, Onderrig- en leer-bestuurder by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste en mees geakkrediteerde private hoër onderwys-verskaffer, sê dit is noodsaaklik vir ouers en ander versorgers om die geestelike welsyn van leerders en studente te monitor terwyl hulle vir ’n eksamen voorberei. Daar is ’n aantal maniere waarop stres gebruik kan word om prestasie te verbeter, eerder as om ’n onnodige hindernis te wees. “Dié tyd van die jaar is dit nie ongewoon dat jong mense hoë stresvlakke beleef weens eksamen nie. Dit is belangrik om te onthou stres kan motiverend bestuur word.” Mooney, wat ook sielkunde doseer, sê volwassenes moet verstaan stres is subjektief en wat vir een persoon stresvol is, is nie noodwendig stresvol vir iemand anders nie. “Stres is jou liggaam se fisieke reaksie op sekere situasies. Jou liggaam het ’n biologiese reaksie – dit stel chemikalieë en hormone vry – wat ’n stresvolle stimulus uitstuur. Daarom kan stres jou fisieke gesondheid, jou geestesgesondheid en jou gedrag beïnvloed.” Sy sê sommige stresvlakke is gesond in die korttermyn omdat dit jou kan help om meer produktief en gemotiveerd te wees, maar negatiewe stres kan ’n gevoel van nood veroorsaak, wat kan lei tot gevoelens van woede, irritasie en vrees. “Negatiewe stres kan ook fisieke simptome soos hoofpyn of maagkrampe veroorsaak. Eksamen-angs sluit in die vrees om geëvalueer te word en vrees vir die gevolge van eksamens” 10 wenke om stres te bestuur 1. Glo in jouself As jy konsekwent sedert die begin van die jaar gewerk het, sal jy goed doen en daar is geen rede om oormatig bekommerd te wees nie. 2. Moenie probeer om perfek te wees nie Dis goed om doelwitte te hê, maar dit moet realisties wees. As jy glo dat enigiets minder as 100% beteken dat jy gedruip het, dan skep jy onnodige spanning vir jouself. 3. Moenie gevoelens onderdruk nie ’n Goeie manier om bekommernis en stres te verlig, is om met iemand te praat wie jy vertrou en wat ondersteunend sal wees soos jou ouers, vriende of dosente. 4. Hou dinge in perspektief Eksamen mag lyk soos die belangrikste ding wat nou op jou wag, maar in die konteks van jou hele lewe is dit net ’n klein deeltjie. Die lewe is die moeite werd, ongeag ’n eksamen. Gee jouself krediet vir dit wat jy al bereik het. 5. Wees proaktief in die aanpak van jou probleme As jy nie die werk verstaan nie, maak ’n afspraak met jou dosent of praat met jou klasmaats. Gaan kyk ook na ou vraestelle. 6. Kry akkurate inligting Gaan deur alle kursusinligting en vra jou dosent as jy vashaak. Jy moet weet wat gevra kan word in die eksamen, hoe dit gemerk gaan word, waar die eksamen geskryf word, en wanneer die eksamen begin en eindig. 7. Struktureer jou studietyd Jy moet gereelde sessies van ongeveer 50 minute elk studeer en dan 10 minute rus. 8. Beplan Probeer om vroeg by die eksamenlokaal te wees. Dra ’n horlosie of maak seker jy weet waar die horlosie in die eksamenlokaal is. Dra ’n paar lae klere sodat jy ’n baadjie kan aan- of uittrek as dit warm of koud is. Maak ’n lys van alle materiaal wat jy in die eksamenlokaal gaan benodig en maak seker jy pak dit in. 9. Probeer om ’n gesonde leefstyl te handhaaf As jou angsvlakke verhoog en jy afgemat voel, kan jy jou stamina verbeter met oefening, voedsame kos en voldoende slaap. 10. Vermy dinge wat stres veroorsaak Moenie te veel koffie drink die aand voor die eksamen nie. Jy sal sleg slaap. Vermy ander studente wat angstig is en oor die eksamen praat. Moenie voor die eksamenlokaal oor die kursusmateriaal praat nie. Dit kan jou verwar. “As jy jou emosionele benadering tot stres bestuur, sal die fisiese reaksie ook hanteerbaar word,” sê Mooney. “Ouers en versorgers moet oplet na tekens van oormatige, onproduktiewe stres en betyds help deur praktiese en emosionele ondersteuning te bied wat die student sal help om sy beste te lewer.”
http://www.rooirose.co.za/hulp-vir-eksamenstres/
2016-09-14 14:47:38
Doen-dit-self: ’n splinternuwe tuiskantoor
Ons nuwe tuiskantoor • Jou tuiskantoor moet ’n rustige atmosfeer skep waar jy jou brood en botter kan verdien. • ’n Onrustige omgewing belemmer jou kreatiwiteit en beïnvloed die kwaliteit van jou werk. Ons het ’n kantoor (met ’n klein begroting) in ’n area omskep waar jy jou volle potensiaal kan bereik. • Ons het neutrale gekies as die basis vir die vertrek en met verskillende skakerings gespeel om dit in ’n geheel te vorm. • ’n Oorgroot lessenaar is vervang met bokkies en ’n blad om meer ruimte te bied. • Die vensters is versag met bypassende materiaal en die liaseer-leêrs is versier om by die vertrek te pas. Voor renovasie Kantoor-chaos Na renovasie Die kleur van die kaste is op die deur en die hout herhaal vir eenvormigheid. Die perfekte tuiskantoor. Netjiese leêrs is altyd ’n aanwins. ’n Rustige werksomgewing Jy sal ook hou van Die vreugdes van ’n tuiskantoor
http://www.rooirose.co.za/doen-dit-self-n-splinternuwe-tuiskantoor/
2016-09-19 06:00:04
SA vier eerste Tuindag
Tuindag is die breinkind van Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekery, wie se pa, Rob, jare gelede die bekende Boomplantdag bekendgestel het. Nick oorweeg al lankal die bekendstelling van die internasionale konsep van ’n Tuindag in Suid-Afrika. “Tuindag is nie verbonde aan enige maatskappy of individu nie,” sê hy. Vir hom is dit ’n dag waarop tuiniers hul tuingereedskap neersit en hul tuine geniet. “Ons wil Suid-Afrikaners aanmoedig om die dag te geniet en een van die eenvoudigste, mees waardevolle ervarings in die lewe te geniet, naamlik tuinmaak.” Britse navorsing het bewys dat tuiniers en bloemiste gelukkig is weens hul beroepe. Prof Paul Dolan, gedragswetenskaplike, meen hulle is twee keer so gelukkig soos beroepe waarin mense meer betaal word. Die Stodels vier tradisioneel in volle blom aan die begin van Oktober, wanneer mense kleurvolle blomme plant wat tuine ophelder en geure versprei. Dit pas goed aan by Tuindag. Waar kan ons Tuindag vier? In jou tuin, op ’n patio, op ’n balkon, in ’n agterplaas of in enige groen ruimte. As jy nie ’n tuin besit nie, gaan kuier by enige kwekery of by die Botaniese Tuine. Wat om op Tuindag te doen Besoek ’n tuinsentrum en laat die kleure en aromas jou inspireer. As jy egter besluit om jou graaf die dag te laat rus, sit agteroor en geniet jou tuin saam met familie en vriende. Probeer iets lekker • Hou ’n teeparty op die grasperk • Lees ’n boek onder ’n boom • Stig ’n plant-klub pleks van ’n boekklub. Vra dat elke gas ’n interessante plant bring en uitruil • Nooi vriende vir ’n braai en gebruik kruie uit die tuin om die vleis te geur • Mediteer, doen joga of beoefen Tai Chi in jou tuin • Betrek jou kinders by die tuinmaak. Begin saam ’n groentetuin. • Skilder in jou tuin Vir meer inligting gaan na www.gardenday.co.za of www.stodels.com
http://www.rooirose.co.za/sa-vier-eerste-tuindag/
2016-09-23 15:41:04
Leandie du Randt-Bosch: #NoOneCanBeatYouAtBeingYou
Ons gesels op ’n lieflike sonskyndag (Lentedag, om presies te wees), met die pragtige, borrelende Leandie du Randt-Bosch by haar en manlief Bouwer Bosch se woonstel in Johannesburg. Leandie lyk funky in blou denims en ’n kort swart hempie. Haar lang blonde lokke hang oor haar skouers en haar vriendelike gesig laat mens onmiddellik welkom voel. Leandie, wat bekendheid verwerf het in onder meer die kykNET-programme Getroud met Rugby en Binnelanders, en in verskeie flieks soos Die Windpomp, Strikdas, Mooirivier en Hollywood in my Huis te sien was, se borrelende persoonlikheid en geloof is die rede vir haar sukses. Sy geniet haar loopbaan so baie dat sy sê dit voel of sy nog nie een dag in haar lewe gewerk het nie. “Ek moet myself elke keer nog knyp. Ek is so lief vir wat ek doen dat ek half skuldig voel. Ek is baie bevoorreg om te kan doen wat ek doen.” Leandie, wat vanjaar agt jaar in die bedryf is, glo dat elke fase in haar loopbaan uniek was en het elke keer op die regte tyd gebeur dat sy nie ’n enkele rol kan uitlig wat as hoogtepunt uitstaan nie. Lees ook: Leandie du Randt en die mans in haar lewe Min mense weet dat Leandie Bedryfsielkunde gestudeer het voordat sy in die filmbedryf betrokke geraak het. Sy glo dat sy dit moes studeer om onder meer haar boek (Gemaklik In Jou Eie Lyf), te kon skryf en om beter vir rolle voor te berei. “Ek kan nie dink dat ek ooit drama sou kon doen sonder my sielkunde nie” #NoOneCanBeatYouAtBeingYou In Leandie se vertoning, #NoOneCanBeatYouAtBeingYou, sing die gewilde Irene-Louise van Wyk vir 45 minute, waarna Leandie op die verhoog kom en vir ongeveer een uur met die gehoor gesels. Die praatjie handel nie oor Leandie se boek nie, dit is meer ’n tipe van ’n “lokprent”. Terwyl die boek ’n werkboek van 21 dae is wat jou help om jouself te leer ken, handel die praatjie oor hoekom jy dit wil doen. Leandie wil deur haar praatjie mense bewus maak van die feit dat elke persoon uniek is en dat niemand soos jý is nie. “Jy moet ophou om jouself te vergelyk, want no one can beat you at being you.” Op die ou einde wil sy mense help om op te daag vir hul lewens en om te laat gaan van vergelykings met ander mense. “Jy moet self-aware wees om te kan groei” Die laaste been van die vertoning word op 30 September 2016 by Emperors Palace aangebied. Leandie is uiters opgewonde, veral omdat die kaartjies uitverkoop is. “Ek het nooit in my lewe gedink dat ek ’n teater by Emperors sou kon doen nie.” Jagveld Leandie is ook volgende jaar in ’n nuwe aksiefliek, Jagveld, deur die bekende skrywer Deon Meyer te sien. Leandie speel saam met mede-akteurs Neels van Jaarsveld, Tim Theron en Bouwer Bosch. “Die ding wat ek die meeste geleer het en wat vir my die grootste uitdaging was, was om my eie ek opsy te skuif en ’n nuwe persoon te skep met wie ek glad nie kan relate nie.” Leandie as Emma in Jagveld: Emma. #Jagveld A photo posted by Leandie du Randt Bosch 🦄 (@leandiedurandt) on Apr 14, 2016 at 11:54pm PDT Wat wag volgende op Leandie Leandie gaan in 2017 as vervaardiger optree waar sy saam met Bouwer aan ’n nuwe fliek gaan werk. Sy kan nog nie veel daaroor uitbrei nie, maar sy is baie opgewonde om agter die kameras te werk. Verder werk sy ook aan ’n konsep vir ’n tweede boek wat waarskynlik in 2018 bekendgestel sal word. Besoek Leandie se Facebookblad vir meer besonderhede oor #NoOneCanBeatYouAtBeingYou.
http://www.rooirose.co.za/leandie-du-randt-bosch-noonecanbeatyouatbeingyou/
2016-09-16 09:00:25
UberEATS: elke "foodie" se droom
Johannesburgers sal bly wees om te hoor dat Uber dié week ’n nuwe affiliasie, UberEATS, in hul midde geloods het. Dié innoverende kos aflewering-sisteem is die jongste in die digitale wêreld, danksy ’n toep wat jou van ’n smullekker ete in ’n japtrap verseker. Soortgelyk aan die Uber-dienste, is UberEATS op die prinsiep gebaseer dat kliënte via die toep, ’n bestelling by hul gunstelingrestaurant in die omgewing kan plaas. ’n Betroubare Uber-drywer sal dan dié bestelling namens jou ontvang en by jou aflewer. So ook kan kliënte hul Uber-drywer, asook die betrokke restaurant, na gelang van hul dienslewering op die toep evalueer. Van die restaurante wat van die UberEATS-dienste gebruik maak is, Casalottis, Momo Baohaus, Krunch, Fishmonger en Paul’s Homemade Ice Cream. Wat jy moet weet: • Die UberEATS-toep kan op jou slimfoon se toepwinkel afgelaai word, asook via die bestaande Uber-toep. • Aflewering van etes kan van 07:00 tot 22:00 via dié toep, in die Noord-Johannesburgse area bestel word. • Jy kan sewe dae ’n week van dié dienste gebruik maak. • Afleweringskostes beloop R20.
http://www.rooirose.co.za/ubereats-elke-foodie-se-droom/
2016-09-29 19:52:46
Die rooi rose-span se mooiste troufoto's
Anelle Tewson (née Mostert) Ek het in die begin van Augustus 2016 getrou. Die weer was soos ’n mooi lentedag. Die lug was blou en daar was nie ’n windjie in die lug nie. Alles was net wonderlik. ’n Fees! My wange was naderhand seer van die glimlag. Dit was beslis ’n geseënde dag. Suné Morton (née Kotze) Suné is ons Bemarkingsbestuurder en is gelukkig getroud aan Arno. Susra Matthee (née Morkel) Susra is ons moderedakteur en is dolgelukkig saam met haar manlief en klein seuntjie.
http://www.rooirose.co.za/die-rooi-rose-span-se-mooiste-troufotos/
2016-09-14 15:24:12
Mooiste Kleinkaap
Het jy al gewonder waar die term Harvest Table of Harvest Festival vandaan kom? Hierdie beskrywing van lang tafels gevul met seisoenale kos, wyn en mense wat saam kuier, het sy oorsprong in Amerika toe feeste beplan is deur bywoners om die einde van die oes-seisoen te vier. Die spyskaart het kosse ingesluit wat onlangs geoes is, soos mielies, boontjies, bosbessies en ’n vleis-dis soos eend. Kry ons resep vir eend-en-lemoen-terrien Die pragtige Kleinkaap Boetiekhotel in Centurion het onlangs afgeskop met hul eerste jaarlikse Harvest Table. Dit was ’n feesviering van heerlike kos, wyn en geselligheid terwyl die jong folk-groep Georgetown Band (wat hulself as ’n Blue-Billy Folk-Pop band beskryf), gaste met die mooiste musiek vermaak het. Kyk en luister hier na hul liedjie ‘Lazy Bones’: Kleinkaap se Harvest Table wat op 9 September 2016 bekendgestel is, is maar een van vele gesellighede wat by hierdie historiese boetiekhotel gehou word. Hul Moonlight Movie Nights is baie gewild en bestaan uit ’n aand waar paartjies ’n romantiese fliek onder die sterre kan kyk terwyl hulle ’n driegang-piekniekmandjie geniet. Vir meer besonderhede oor hierdie fabelagtige piekniekaande, besoek Kleinkaap se Facebookblad hier. Geskiedenis van Kleinkaap Kleinkaap se verhaal het in 1920 begin toe die oorspronklike herehuis op die plaas Clubview deur kolonel Frank Dyson gebou is. Kleinkaap se Kaaps-Hollandse herehuis en landgoed is geïnspireer deur die atmosfeer van die Kaap. Dit het ’n klassieke skoonheid en elegansie. Die statigheid betower besoekers met sjarme. Dit is prentjiemooi en word omhul met welige majestieuse eikebome in natuurlike inheemse tuine. Die hotel bied ’n eersteklas koservaring van onberispelike diens en standaard. Spyskaarte weerspieël die seisoene en bevat baie van Suid-Afrika se beste natuurlike bestanddele. Die personeel sorg dat die atmosfeer en ervaring onvergeetlik is. Halaal en Kosher-etes is op aanvraag beskikbaar. In ooreenstemming met die tradisie het die Malan-gesin as huidige eienaars die landgoed uitgebrei, maar die oorspronklike Kaaps-Hollandse styl en argitektuur behou. Die herehuis is uitgebrei tot 1000 m² en die fasiliteite dek nou na raming 600 m². Tuintroues en funksies word in hierdie welige rustige omgewing onder die eikebome gehou. Die uitvoerende sjef verseker verder dat gaste ’n onvergeetlike ervaring het. ’n Oestafel word een keer per jaar aangebied, maar baie gaste verkies om hul eie oestafel te bespreek. Die spyskaart kan altyd effens verander word, maar die doel bly dieselfde met ongelooflike kos, verskillende vleise, groente, slaaie en brood. The 16th Lintel-restaurant se doelwit is om mense bymekaar te bring. Alles by hierdie splinternuwe restaurant wentel rondom die naam. Die oorspronklike opstal het ’n totaal van 15 ondersteunende lateie gehad om getrou te wees aan die Hollandse argitektuur. Die eienaar het die gebou uitgebrei en die uitbreiding het geverg dat lateie bygevoeg is. Die eerste latei wat bygevoeg is (die 16de een), het die begin van ’n nuwe era aangekondig. Die nuwe restaurant is na die latei genoem en heet gepas, The 16th Lintel. ’n Latei word beskou as iets wat versterk en ondersteun. Die splinternuwe restaurant en sy toegewyde span by Kleinkaap het ook hierdie kenmerke. Hul doelwit is om besoekers te verkwik met spyse. Dit is ’n plek waar nuwe ondernemings begin. Kleinkaap Boetiekhotel, Centurion Jim van der Merwe Staat 87, Clubview, Centurion Tel: +27 (0)12 654 9878 Faks: +27 (0)12 654 1979 Selfoon: +27 (0)82 883 3383 Webblad: www.kleinkaap.co.za The 16th Lintel blog: www.16thlintel.co.za
http://www.rooirose.co.za/mooiste-kleinkaap/
2016-09-20 15:24:42
5 topwenke teen veroudering
Dr Alek Nikolic glo enige teenverouderingsprogram begin by ’n goed gebalanseerde en gesonde dieet. Rook is uitgesluit en matige alkoholinname en oefening word deur hom aanbeveel as jy jou innerlike glans na buite wil laat skyn. 5 topwenke teen veroudering 1 Sonskerm Dit is al vanselfsprekend, maar Dr Alek benadruk dit. Hy is ’n groot voorstander van ’n goeie SPF 30 of hoër beskerming wat sinkoksied en/of titaandioksied bevat. Sonskerm moet daagliks aangewend word, selfs tydens die wintermaande en ongeag of jy in die buitelug gaan wees of nie, en al is dit ’n bewolkte dag. Daar is heelwat opsies wat jou vel nie te vetterig maak nie en ook nie wit kolle agterlaat nie. Die beste sonskerm sal ook waterbestand wees. Daar is sonskerms beskikbaar wat nie jou grimering sal beskadig as jy dit deur die dag herhaaldelik aanwend nie. Dit sal jou vel ook nie olierig laat lyk nie. 2 Retinol of Vitamien A Die nommer een bestanddeel wat hy beveel, is retinol. Vitamien A of retinol is reeds deur talle kliniese studies bewys as van die grootste voordele vir die vel. Retinol het die vermoë om die vel se selle te aktiveer om ‘jonk op te tree’ en dit tree op as ’n kragtige antioksidant wat vrye radikale-skade weens omgewingsfaktore verminder. Met retinol sien mens gou ’n verbetering in die vel-tekstuur. Die vel is meer gehidreer en die poriegrootte is kleiner. Die fyn lyne is minder sigbaar en daar is minder plooie en pigmentasiemerke. Jou vel gloei en jy lyk jeugdig. Hy beveel Dermaceutic Active Retinol 0.5 en 1.0 of die SkinCeuticals Retinol 0.3 of 0.5 aan. Dit moet deur ’n dokter voorgeskryf word. 3 Vitamien C Die aanwending van Vitamien C is ’n redelik nuwe konsep en kliniese bewyse het die effektiwiteit in beide teenveroudering en die verbetering van die algemene gesondheid van die vel se selle bewys. Nog studies het bewys dat dit effektief as deel van jou velsorgroetine gebruik kan word. Dit maak jou vel ferm en laat jou jonger lyk. Vitamien C speel ’n belangrike rol in die vorming en produksie van kollageen. As dit by velsorg gevoeg word, forseer dit fibroblaste om kollageen-sintese te vermeerder vir ’n gesonder vel wat jonk lyk. Jy sal ook ’n verbetering in die vel se fermheid en elastisiteit waarneem. Dit verminder fyn lyne en plooie en laat die vel stadiger verouder. Kliniese studies het bewys Vitamien C is ’n kragtige antioksidant vir die vel. Dit neutraliseer vrye radikale wat deur omgewingsfaktore veroorsaak word en bied ’n beskermende laag wat keer dat dit die vel binnedring. Dit verhoog die vel se verdediging teen UV-skade en verhoog jou SPF-doeltreffendheid. Onlangse studies het bewys die kombinasie van Vitamien C en ’n SPF sal ’n ekstra beskerming teen die skadelike UVA- en UVB-strale bied. Dit het ook getoon Vitamien C kan velbeskadiging herstel na oortollige blootstelling aan die son. Maar Vitamien C kan nooit die gebruik van ’n effektiewe SPF vervang nie. Dit help om hiperpigmentasie, donker merke en vlekke te verminder, en verhoog jou vel se gesonde gloed. Kliniese studies het ook bewys dat Vitamien C help om die melanien-produksie in melanosiete te verminder wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van pigment of die kleur in die vel en hare. Vitamien C sal help met die vermindering van donker merke, letsels, ouderdomsvlekke en donker kringe om die oë. Wenk 4: Sure Daar is uitgebreide navorsing gedoen oor beide alfa-hidroksi- en poli-hidroksi-sure se voordele vir die vel en wanneer dit gekombineer word, het hierdie bestanddele ’n dramatiese teenverouderingseffek. Dit verwyder die dooie buitenste laag en moedig velvernuwing aan wat ook die verspreiding van velpigmentasie versprei. Dit verfyn porieë en help om fyn lyne en plooie uit te stryk. Die sure het ook ’n antioksidant-effek en verhoog hidrasie wat die vel gesond laat lyk. Wees op die uitkyk vir Glycolic acid, Citric Acid, Gluconolactone, Lactobionic Acid, NeoGlucosamine, en Aminofil. Aminofil is ’n revolusionêre, gepatenteerde aminosuur wat die vel se natuurlike volume bou en voorkomend optree teen diep lyne, plooie, frons-lyne, vore, kraai-voete en glimlag-lyne wat weens UV-geïnduseerde foto-skade en herhalende gesigsuitdrukkings voorkom. Wenk 5: Kosmetiese behandelings Om die beste moontlike resultate te kry om plooie te verminder en om ’n meer jeugdige voorkoms te gee, is daar volgens dr. Alek niks beter as die kombinasie van inspuitings wat spiere laat ontspan en dermale vullers nie. Met inspuitings wat spiere laat ontspan soos Botox, kan jy die beste eindresultaat kry. Sy benadering is om elke pasiënt wat hom vir Botox kom sien, te help om die beste natuurlike eindresultaat te kry wat normale beweging van spiere en gesigsuitdrukking toelaat en sigbare plooie versag. Dermale vullers het wegbeweeg van net die vul van ’n lyn en help die gesig om sy natuurlike jeugdige vorm te herstel. Veroudering laat die vet in ons gesig dun word en laat die vel sak. Hierdie vetsakkies gee die vorming van die gesig as jy jonger is en ondersteun die oorliggende vel en vertraag die verouderingsproses. Deur die volume wat jy verloor het met dermale vullers te vervang, kan jy die struktuur van die gesig wat gesak het lig en ’n jonger jeugdige vel skep. Jy kan ook veroudering vertraag deur die vel se kollageen-produksie te stimuleer. Die belangrikste gebiede gee ’n meer jeugdige vorm aan die verouderde gesig en ondersteun die oorliggende vel om gesakte strukture te lig. Besoek Skin Miles deur Dr Alek Nikolic se webblad vir meer besonderhede oor hul produkte.
http://www.rooirose.co.za/5-topwenke-teen-veroudering/
2016-09-29 10:35:24
Is organiese kos te duur vir SA?
Is die prys van organiese kos die enigste maatstaf ? Volgens Glenda Moore van die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark, is die werklike koste van om NIE organies te eet nie (as jy voedsel eet wat aan chemikalieë blootgestel word), verskuil. Hier is ’n paar voorbeelde: • Chemikalieë wat gebruik word om die grond te bemes en om onkruid en peste te elimineer, bly as giftige oorblyfsels in en op ons kos en dit veroorsaak verskeie gesondheidsprobleme. “Die werklike vraag is nie of organiese kos te duur is nie, maar of ons kan bekostig om nie organies te eet nie” sê Moore. • Kos wat aan chemikalieë blootgestel is, is minder voedsaam. In ’n onlangse studie wat in die British Journal of Nutrition gepubliseer is, is 343 studies ontleed en bevind dat konvensionele gewasse aansienlik laer vlakke van voedingstowwe en anti-oksidante bevat as organiese gewasse. • Plaagdoders en insekdoders maak voor die voet peste asook hul natuurlike vyande dood. En hulle maak die insekte dood wat nodig is om die wêreld se kos te bestuif, soos bye en skoenlappers. • Die wêreld het nou super-onkruid en super-gogga-onkruid en goggas wat weerstand toon teen chemikalieë wat in die industriële landbou gebruik word. Dit gebeur op dieselfde wyse as wat mens bakterieë kry wat besig is om weerstand teen antibiotika op te bou. • Chemikalieë put die grond uit wat homself andersins natuurlik self sou herstel. Dit dwing boere om toenemende hoeveelhede chemiese kunsmis te gebruik om die grond vrugbaar te hou. • Die Amerikaanse Departement van Landbou het daarop gewys dat die gemiddelde groente wat nou op plase gekweek word byna geeneen van die noodsaaklike minerale bevat wat groente 50 jaar gelede bevat het nie. Dit word veroorsaak omdat die spoorminerale uit die grond verwyder is en deur chemikalieë vernietig is. • Industriële vleis- en suiwelboerdery dra nie net by tot lugbesoedeling en klimaatsverandering nie, maar ook tot die mens se swak gesondheid weens antibiotika, groeihormone en ander dier-byprodukte wat uiteindelik in die dieet beland. • Industriële landbou het katastrofiese gevolge op die watergehalte wêreldwyd en bedreig ook ’n wye verskeidenheid van wild, insluitend voëls, visse en insekte. • Industriële plase groei een gewas op ’n keer – en gewoonlik slegs dié met die hoogste opbrengs. Dit staan bekend as mono-verbouing. Die gevolg, volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie, het ’n verlies van sowat 75% aan plant-genetiese diversiteit in die geïndustrialiseerde wêreld in die laaste 100 jaar veroorsaak. • Industriële, chemiese-gebaseerde landbou het baie klein plase uitgeskakel wat nie met ’n groot landbou-besigheid kan meeding nie. Dit is die industriële stelsel van voedsel-verbouing wat gebaseer is op tegnologie wat in wese chemiese maatskappye in beheer van ons voedselproduksie geplaas het. “Laat dit vir ’n minuut insink,” sê Moore. “Dit het met ’n suksesvolle onkruiddoder begin. Sade is daarna geneties gemanipuleer om toenemende dosisse van die onkruiddoder te weerstaan. Dit is die basis van die huidige GMO voedsel wat deur chemiese maatskappye ontwerp is. Boere wat by hierdie stelsel ingeskakel is, moet ’n portefeulje van chemikalieë koop: onkruiddoders, insekdoders, pesbestryders en swamdoders. Dit is ’n briljante sakemodel wat nie die mensdom dien nie.” Die aktiewe bestanddeel van hierdie spesifieke onkruiddoder bevat glifosaat, wat in Maart 2015 deur die World Health Organization as ’n waarskynlike menslike karsinogeen geïdentifiseer is. “Dit is ’n stelsel wat uit voeling is met die natuur. Wat ons nodig het, en wat in SA moontlik is, is kleiner skaal regeneratiewe boerderye wat in harmonie met die natuur werk, en nie daarteen nie.” “Wat ons nodig het is om voedsel te verbou sonder chemikalieë. ’n Manier wat alle elemente van die web van die lewe sal respekteer – insluitend werkers, insekte en diere. En wat die reëls gehoorsaam waarvolgens die natuur homself regenereer. Dit hoef nie noodwendig organies gesertifiseer te wees nie. As dit natuur-gebaseerd is, sal die beloning voedsaamheid wees wat die lewe onderhou. “’n Aantal internasionale studies toon dat klein, organiese plase hektaar vir hektaar, groot, chemiese-intensiewe plase oortref in terme van opbrengs, voedingswaarde en bewaring – veral wanneer daar te veel of te min reën is, wat die nuwe norm blyk te wees. “In teenstelling met die algemene opvatting produseer klein familieplase, wat meesal organiese boerderymetodes gebruik, tussen 70 en 80% van alle voedsel in die wêreld, aldus die U.N. se verslag oor die stand van kos en landbou in 2014. Suid-Afrika sal in staat wees om sy kosvoorraad te verseker, selfs in die aangesig van klimaatsverandering, as ons almal klein, plaaslike, organiese boere ondersteun. “In ’n 2015-studie het die Verenigde Nasies en die Landbou-organisasie daarop gewys dat nie net kan organiese landbou die wêreld voed nie, maar dit is die enigste manier waarop ons die wêreld gaan voed,” meen Moore. Sommige stalletjiehouers by die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark verkoop derdeparty-gesertifiseerde organiese produkte. Die sertifisering-proses is egter onbetaalbaar vir klein en opkomende boere wat nogtans hul gewasse organies en in harmonie met die natuur verbou. Om hierdie probleem te bowe te kom, het die mark ’n deelnemende waarborgstelsel (PGS) geïmplementeer. Dit is ’n bekostigbare organiese versekeringstelsel vir kleinboere wat die mark met organiese produkte voorsien. IFOAM Organics International – ’n sambreel-organisasie wat rofweg 800 organiese landboubewegings in meer as 100 lande verteenwoordig – ondersteun hierdie stelsels. PGS is plaaslik gefokusde gehalte-stelsels wat produsente sertifiseer gebaseer op die aktiewe deelname van belanghebbendes en is gebou op ’n fondament van vertroue, sosiale netwerke en die uitruil van kennis. “Wanneer jy kies om natuurgebaseerde kos te eet wat eties verbou is, wat geen GMO bevat nie, wat op ’n volhoubare wyse sonder chemikalieë geproduseer is deur boere wat die gesondheid en welstand van die grond, plante, insekte, diere, die mens en die planeet, respekteer, dan sal die prys van organiese produkte daal weens die groter aanvraag Intussen moet jy besef dat die paar rand wat jy spaar deur goedkoper nie-organiese koes te koop, neem nie die groot prys in ag wat jy en jou gesondheid en die planeet betaal nie. *Bryanston Organic and Natural Market is geleë by 40 Culross-weg in Bryanston. Tel: 011 7063671 Webblad: www.bryanstonorganicmarket.co.za
http://www.rooirose.co.za/is-organiese-kos-te-duur-vir-sa/
2016-09-15 16:00:49
Dag vir koffieliefhebbers
As jy seker maak jy kies ’n beker vol Fairtrade-koffie, skink jy sommer ook ’n koppie op boere wat hard werk om goeie koffiebone te verbrou. As jy dié koffie kies, help jy koffieboere en hul gemeenskappe om volhoubaar en beter te leef. Fairtrade-handelsmerke in Suid-Afrika sluit in: Nawa-koffie, Mugg & Bean, Antigua Café Deluxe, Blacksmith Blend, Purok-koffie, Espresseco-koffie-kapsules, Woolworths organiese koffie, Woolworths-kitskoffie, Terboore, Fabino, Moederland Koffie en Bean-koffie. Besoek www.fairtrade.org.za om meer uit te vind. Koffiefeite Koffieboere in 30 lande vervaardig koffie volgens Fairtrade-standaarde. Die koffieverkaffingsketting is kompleks. Dit sluit in boere, handelaars, verwerkers, uitvoerders, opnemers, kleinhandelaars en uiteindelik die verbruiker. Omtrent 125 miljoen mense wêreldwyd is afhanklik van koffie vir hul bestaan. Fairtrade is daarop gemik om die boere stabiliteit in ’n onvoorspelbare markomgewing (onderhewig aan onder meer plantsiektes en weersomstandighede), te gee deur die aanbied van ’n Fairtrade minimum prys, wat hulle teen wisselvallige pryse beskerm. Met Fairtrade word koffieprodusente gewaarborg dat hulle ten minste die Fairtrade minimum prys vir hul koffie sal ontvang. Dit tree op as ’n veiligheidsnet wanneer markpryse laer as ’n volhoubare vlak val. Boere word ook aangemoedig om in hul gemeenskappe te belê. Lees ook: Maak koffie soos ’n barista Maak ons heerlike beet-koffie-en-sjokolade-koek
http://www.rooirose.co.za/dag-vir-koffieliefhebbers/
2016-09-28 12:09:45
Klere vir elke troue
Swart formeel (Black Tie) Die dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk in ’n lang rok? Formeel Formeel is ’n bietjie minder formeel as swart formeel. Jy kan ’n effens meer informele lang rok dra, of ’n elegante skemerkelkie-rok. En ja, jy mag swart dra na ’n troue! Maar vermy wit, tensy die uitnodiging uitdruklik sê gaste moet. Jy kan ook ’n broek dra na die formele geleentheid. Die broek moet egter noupassend wees, verkieslik in blink swart en die bloes daarby moet ’n absolute trofee van ’n bloes wees. Semi-formeel Jy wil verkieslik nie ’n rok koop wat jy nooit weer kan dra of net na troues sal kan dra nie. Dis nou jou kans om ’n skemerkelkie-rok met kleur of patrone, of ’n sjiek romp en mooi bloes, wat jy na die werk werk toe kan dra, te koop. ’n Sonrok vol persoonlikheid wat kan gaan van dag tot nag is ook ’n wenner vir ’n lente/somer troue. Deftig-informeel Deftig-informeel is een van die mees algemene en tog verwarrendste opsies. Gewoontlik is ’n romp en bloes of langrboek en bloes ’n goeie keuse. Indien jou uitrusting ’n bietjie meer informeel is, moet jou bykomstigehede meer deftig wees. Soos ’n langbroek en bloes met hoëhakskoene, ’n blazer en palmtassie (clutch). ’n Eenstuk (jumpsuit) is ook ’n wenner vir deftig informele troues. As jy ’n rok wil dra, hou dit eenvoudig en los jou rok met blinkers by die huis. Versier dit met ’n bonkige halssnoer en hakke. Strand-troue Hou die elemente van ’n strand-troue in gedagte, soos die wind wat moontlik kan waai. Vermy kort rokkies wat kan opwaai. ’n Sjiek midi sonrok met ’n paar sandale is ’n ideale opsie. ’n Wyerand sonhoed kan ook baie pret en stylvol wees.
http://www.rooirose.co.za/klere-vir-elke-troue/
2016-09-27 11:41:28
Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet
Net soos wat kinders moet leer loop en praat, moet hulle ook visuele vaardighede aanleer om hul omgewing te verstaan. Volgens ’n 2014-studie deur die WHO (Organisasie van Wêreldgesondheid), het ongeveer 19 miljoen kinders wêreldwyd visieprobleme waarvan 12 miljoen kinders se oogkondisies gekorrigeer kon geword het as hulle gereelde oogondersoeke ondergaan het. Teen die tyd dat ’n ouer besef sy/haar kind het ’n visieprobleem, het die kind se visuele skerpte al met meer as 60% verminder. Hoe vroeër ’n oogprobleem deur ’n oogkundige gediagnoseer word, hoe vroeër kan dit behandel word. 8 tekens dat jou kleinding (onder 3) ’n oogprobleem kan hê • Lyk hy/sy gemaklik wanneer hy/sy televisie kyk? • Hou hy/sy gereeld sy/haar kop skuins? • Trek sy/haar oë op skrefies? • Kyk hy/sy buite na voorwerpe of voëltjies as hy/sy hulle hoor kwetter – volg hy/sy die omgewing met sy/haar oë? • Vermy hy/sy lig of reageer nie wanneer ’n lig skyn nie? • Vryf die oë obsessief met vingers en trek gesigte? • Draai die oë sonder om op iets te fokus? • Vat of gryp voorwerpe mis? Strabismus, beter bekend as ‘skeeloë’, is wanneer die oë inwaarts draai of as oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n ‘Lui oog’ kan sodoende ontwikkel as ’n kind voorkeur gee aan die oog wat duideliker beelde gee en die ander oog verwaarloos. Die verwaarloosde oog ontwikkel dan nie sy visuele skerpte nie. 5 tekens van visuele probleme in ouer kinders (ouderdomme 4+) • Die kind val gereeld oor sy/haar voete en hardloop teen meubels vas. • Sukkel meer om te sien wanneer dit skemer raak en donker is. • Die kind hou nie daarvan om te lees nie. • Die kind isoleer hom-/haarself van ander kinders. • Herhalende hoofpyne. Ernstige oogprobleme in kinders waarvan ouers bewus moet wees Die volgende vyf toestande is slegs enkele oogprobleme wat kinders ervaar en wat behandeling mag nodig hê. Raadpleeg jou oogkundige as jy enige van hierdie oogprobleme by jou kind opmerk. Ambliopie Dit is gewoonlik die oorsaak van strabismus en kom voor as die oë gedraai is of as die oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n Oogkundige sal die regte behandeling voorstel. Versiendheid (hiperopia) Die kind kan vêr voorwerpe maklik herken, maar vind dit moeilik om op naby voorwerpe te fokus. Dit veroorsaak hoofpyne, rooi oë, ’n lae konsenstrasievermoë en rusteloosheid. Kinders word ook vinnig moeg as hulle lees of skryf. Die toestand kan wel verbeter soos kinders ouer word. Bysiendheid (miopie) Die kind sukkel om op vêr voorwerpe te fokus as gevolg van die veranderde vorm van die oog. Bysiende kinders gee meer aandag aan naby voorwerpe maar trek gereeld hul oë op skrefies of knip hul oë gereeld as hulle op vêr voorwerpe probeer fokus. Astigmatisme Dit is ’n ongewone kurwe van die kornea, die buitenste, rondvormige oppervlak van die oog. Afhangend van die ernstigheid van die kornea se ongewone vorm, kan voorwerpe verdof, verdraai of skuins voorkom. Konjunktivitis (pienkoog) Dit is die ontsteking van die buitenste wit oppervlak van die oog en die binneste rand van die ooglede. Dit word gewoonlik deur bakterieë en aansteeklike infeksies of allergiese reaksies veroorsaak. Die oog lyk rooi of pienk, oë is jeukerig en geïrriteerd en ’n afskeiding verskyn in beide oë. Inligting verskaf deur Mellins i Style.
http://www.rooirose.co.za/visieprobleme-kinders-wat-jy-moet-weet/
2016-09-23 16:59:33
My Suid-Afrikaanse storie
My Afrikaanse erfenis, veral soos deur my ma verpersoonlik, is gekenmerk deur warmte en omgee. Of ek nou van die skool af tuisgekom het, of – heelwat later – saam met my eie kinders by haar gaan kuier het, sy sou ons vasdruk en uitvra oor elke klein aspek van ons lewe. Elke gereg wat sy voorberei het, was deurspek met haar bedagsaamheid, en elke koppie vroegoggendtee sou ’n klein blommetjie op die piering hê, spesiaal vir jou. Ek het in Pietersburg, nou Polokwane, op die Grootpad na die Noorde grootgeword. Ek was gelukkig om op te groei in ’n omgewing wat innerlike krag eerder as brute geweld voorgestaan het, en waar sagtheid nooit as ’n swakheid ervaar is nie. Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer. My fisieke kenmerke is deel van my erfenis: dit blyk dat Afrikaanse vroue, of dan wel dié in my familie, nooit tevrede is met die hare waarmee hul gebore is nie! Natuurlike krulle moet eenvoudig gladgemaak word en gladde hare gekrul word! Dit spreek vanself dat ’n hele klomp van hulle glad nie meer hul oorspronklike haarkleur kan onthou nie. Afrikaanse vroue is vasbyters, selfonderhoudend en met ’n sterk vermoë om moeilikheid te bowe te kom. So baie van hierdie sterk vroue het my help vorm: van my ma tot vriendinne en kollegas … Of hulle nou jonger of ouer was, ek het soveel inspirasie van die lewenskrag gekry van hierdie unieke vroue wat eie is aan ons kultuur. Die kernwaarde waarop ons almal steun van generasie tot generasie is dat familie eerste kom en dat ons eers mekaar moet help voor ons na buite uitreik; dat ons altyd met integriteit moet optree en die diverse en unieke vroue van ons land dra en ondersteun. “Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.” Wat is spesiaal omtrent jou erfenis? Deel jou storie met ons op Facebook, Twitter of Instagram en gebruik die hutsmerke #HERitage #Ponds #HeritageDay
http://www.rooirose.co.za/suid-afrikaanse-storie/
2016-09-28 12:22:11

Dataset Summary

This dataset is based on CloverSearch/cc-news-mutlilingual.

We add a script to support access multilingual CC-News dataset with HuggingFace datasets API instead of directly downloading raw data files.

Data Fields

  • title: a string feature.
  • maintext: a string feature.
  • url: a string feature.
  • date_publish: a string feature.

How to use this dataset

You can load any subset of CC-News per language:

from datasets import load_dataset

dataset = load_dataset("intfloat/multilingual_cc_news", languages=["af"])

Supported Languages

af
als
am
an
ar
arz
as
ast
av
az
azb
ba
bar
bcl
be
bg
bh
bn
bo
bpy
br
bs
bxr
ca
cbk
ce
ceb
ckb
co
cs
cv
cy
da
de
diq
dsb
dty
dv
el
eml
en
eo
es
et
eu
fa
fi
fr
fy
ga
gd
gl
gn
gom
gu
gv
he
hi
hif
hr
hsb
ht
hu
hy
ia
id
ie
ilo
io
is
it
ja
jbo
jv
ka
kk
km
kn
ko
krc
ku
kv
kw
ky
la
lb
lez
li
lmo
lo
lt
lv
mai
mg
mhr
min
mk
ml
mn
mr
mrj
ms
mt
mwl
my
myv
mzn
nah
nap
nds
ne
new
nl
nn
no
oc
or
os
pa
pam
pfl
pl
pms
pnb
ps
pt
qu
rm
ro
ru
sa
sah
sc
scn
sco
sd
sh
si
sk
sl
so
sq
sr
su
sv
sw
ta
te
tg
th
tk
tl
tr
tt
tyv
ug
uk
ur
uz
vec
vep
vi
vls
vo
wa
war
wuu
xal
xmf
yi
yo
yue
zh
Downloads last month
2,263
Edit dataset card

Models trained or fine-tuned on intfloat/multilingual_cc_news