title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Voorwinkel Assistent / Kassiere
‘n Gevestigde Apteekgroep het ‘n pos beskikbaar vir voorwinkel assistent / kassiere. Die geskikte kandidaat sal beskik oor vorige ondervinding in Apteek of ‘n verkope omgewing. Minimum kwalifikasie sluit in matriek. Goeie kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge word vereis. Salaris onderhandelbaar. Epos: hroffice@vhadmin.co.za Fax: 086 619 0849
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/jobs-voorwinkel-assistent-kassiere-thabazimbi/
2016-10-27 11:00:21
HFM Matrieks uitgedos vir Afskeidfunksie
Matrikulante van Hoërskool Frikkie Meyer het hul Matriekafskeidfunksie die laaste naweek van September gehou en weereens was almal in hul beste en nuutste klere uitgedos. Ons plaas hiermee ‘n paar van die matrikulante in hul uitrustings. Matrieks is steeds welkom om tot volgende week hul afskeidsfoto’s aan Kwêvoël te stuur vir plasing in die Kwêvoël Nuusbrief. Volg ons op www.kwevoel.co.za en teken gratis in op die Nuusbrief met jou e-posadres. Related
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/hfm-matrieks-uitgedos-vir-afskeidfunksie/
2016-10-12 18:03:12
50 Jaar vir Matrieks van ‘66
Die 1966 Matrieks van Hoërskool Frikkie Meyer het Saterdag 8 Oktober hulle 50 jaar reünie gevier. Vanaf 09:00 is bymekaar gekom by die swembad en op ‘n “memory-lane” toertjie deur die rugbykamer en skoolgebou gestap. Daarna vertrek almal na Komma Nader vir die Groot Kuier! Dit was ‘n heerlike onthou-dag. Oor ‘n heerlike middagete het dié groep van 37 mense gesellig verder gekuier. Die dag is afgesluit in die KunsteGrot met die besonderse nostalgiese vertoning van Mathys Roets. 26 van die groep kon dit bywoon. Wat ‘n groot voorreg!
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/50-jaar-vir-matrieks-van-66/
2016-10-12 21:54:01
Thabazimbi: Polisie ingeroep om orde te herstel tydens vergadering
Chaos onder die ANC opposisie het Vrydag 30 September tydens ’n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit uitgebreek en die hulp van die polisie moes ingeroep word om orde te herstel. Volgens die burgemeester, Midah Moselane, het sy die hulp van die polisie ingeroep omdat dit duidelik vir haar was dat die opposisie die vergadering in ’n geveg wou laat ontaard. ANC-lede het die raadsaal vooraf beset om te koukus. Toe die vergadering moes begin het hulle meubels omgekeer en water rondgegooi. ’n Paar polisielede het opgedaag en gehelp om fisiese konflik te voorkom. Hulle het ook gehelp om orde te hou terwyl die vergadering na ’n ander perseel verskuif is. ANC-raadslede het beweer dat hulle geen agenda van die vergadering ontvang het nie. Van die raadslede was onbeheerbaar en het die vergadering probeer ontwrig. Moselane het gesê dat die agenda meer as sewe dae voor die vergadering aan alle raadslede gestuur het. “Die ANC-raadslede sê dat hulle die agenda sewe dae voor die tyd benodig, wat wel gebeur het.” Uiteindelik is die vergadering na ’n ander perseel verskuif waar die nodige besluite geneem is. ’n Datum vir die volgende vergadering waar die notule bespreek sal word moet nog bepaal word. Intussen het die Limpopo Provinsiale regering besluit het om die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit met ’n lening van R25 milj te help om sy kontantvloeiprobleme, wat tans ondervind word, te oorkom. African News Agency berig dat die provinsiale regering se woordvoerder, Phuti Seloba, tydens ’n media inligtingsessie bekend gemaak het dat die besluit Donderdag 29 September deur die Limpopo Premier, Stan Mathabatha en sy uitvoerende raad tydens ’n kabinet Lekgotla geneem is. Etlike miljoene rande se skuld is deur die vorige ANC-beheerde munisipaliteit opgehoop terwyl amptenare in weelde gebly het en nie hul kontraktuele verpligtinge teenoor krediteure en ander diensverskaffers soos Eskom en die Magalies Waterraad nagekom het nie. Raadslid en Speaker van die raad, dr. Bertie Joubert (DA) het gesê dat die nuwe raad onwettige en ongemagtigde uitgawes van meer as R200 miljoen gedurende die vorige finansiële jaar bloot gelê het. Volgens hom kan dit kan dalk maar net die piek van die ysberg wees. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die Tesourie sal toegee tot die raad se versoek vir ‘n forensiese ondersoek na die vorige raad se geldsake. Verskeie korrupsieklagtes is in die verlede deur lede van die DA teen munisipale werkers en raadslede by die SAPD ingedien. Hopelik sal hierdie klagtes nou aandag geniet, veral nadat daar gedurende ‘n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit gehou op 1 September 2016, ‘n resolusie aanvaar is om die dienste van twee senior amptenare, verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit, te beëindig in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA – Municipal Finance Management Act) en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA – Public Finance Management Act). In bykans alle gevalle is hofbevele aan skuldeisers teen die munisipaliteit uitgereik sonder dat die munisipaliteit enigsins probeer het om te skik of die saak in die hof te verdedig. Tydens die afgelope munisipale verkiesing het die ANC sy wurggreep op die inwoners van Thabazimbi verloor en die DA het met sy koalisie vennote, die EFF en die Thabazimbi Residents Association saamgesnoer om die munisipaliteit weer funksioneel te kry. Toe die nuwe verkose raad met hul werksaamhede moes begin moes hulle uitvind dat die balju dieselfde dag toegeslaan het en beslag gelê het op alle kantoormeubels en rekenaars. Lêers is op ’n hoop in een van die kantore gegooi in ’n orgie van verwoesting wat deur die vorige raad toegelaat is gedurende die week wat hulle geweier het om hul poste te ontruim en ’n spesiale vergadering te reël waartydens die nuwe raadslede ingehuldig moes word. Die vertragingstaktiek deur die Provinsiale ANC-regering was duidelik gemik op die Thabazimbi en Modimolle munisipaliteite waar die ANC-beheerde rade hul volslae meerderheid verloor het. Dit is ook nie duidelik hoekom die Balju op die Thabazimbi Munisipaliteit toegeslaan het, juis op die oomblik dat die raad beheer moes oorneem. Daar is reeds op ’n vroeëre geleentheid beslag gelê op die raad se voertuie, insluitende ’n watertenker wat gebruik is om water in gedeeltes van die dorp te verskaf as gevolg van swak instandhouding en opgehoopte skuld aan Magalies Waterraad. Dit was nie die enigste beslaglegging op die munisipale voertuie nie. Wonder bo wonder kon hulle nie daarin slaag om beslag te lê op die peperduur Mercedes Motorvoertuig, die persoonlike ampsmotor van die burgemeester nie. Die voertuig was telkens tydens elke beslaglegging vermis. Die DA het onmiddellik aan die werk gespring en krediteure genader om ’n verdere beslaglegging te verhoed, en het ’n ooreenkoms aan gegaan om die kantoormeubels en rekenaars terug te kry om hul werksaamhede te voort te sit. Die R25 miljoen is slegs ’n reddingsboei en heelwat sal vermag moet word om die afgetakelde infrastruktuur te herstel en volgehoue dienste te lewer nadat hulle na die eerste maand wat die nuwe raad aan bewind is, nie al hul kontraktuele verpligtinge kon nakom nie. Inwoners wat enigsins ’n bydrae kan lewer word versoek om die DA te kontak.
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/03/thabazimbi-polisie-ingeroep-om-orde-te-herstel-tydens-vergadering/
2016-10-03 09:31:04
Matthys Roets weereens ’n treffer by die KunsteGrot
Matthys Roets het sy ondersteuners op Thabazimbi nie teleurgestel tydens sy optrede verlede Saterdag 8 Oktober nie. Matthys is reeds ’n gereelde kunstenaar by die KunsteGrot op Thabazimbi. (Op die foto bo is hy saam met Rita Volschenk van die Thabazimbi KunsteGrot) Vanjaar het ’n heel ander groep van buite Thabazimbi ook geleentheid gehad om die KunsteGrot te beleef en om boonop Matthys Roets as sanger te ervaar. Dit was naamlik die Matriekleerlinge van 1966 van Hoërskool Frikkie Meyer wat hulle 50ste reünie dieselfde naweek aangebied het. Nog nuus vanaf die KunsteGrot is dat Thabazimbi se eie akteurs regstaan met twee stukke wat hulle vanaf 18 tot 22 Oktober op die planke gaan hê. Dit is naamlik die Pantomime “Doringrosie van Roosfontein” en “Die Antie met die Pienk Rok”. Maak jou maar reg vir lekker lag. Pantomimes is gewoonlik skreeusnaaks met akteurs wat nie eintlik bedoel is vir die rol wat hulle vertolk nie. Een van die bekendste hiervan is die bekende Tobie Cronjé wat gewoonlik die rol van die aaklige stiefma speel met mans akteurs wat ook die rolle van die stiefsusters vertolk. Cinderella is gewoonlik een of ander pragtige aktrise. Kom kyk gerus hoe Rivo Toneel met “Doringrosie van Roosfontein” jul lagspiere gaan werk. Duidelik is die stuk vir alle ouderdomme, soos Rita van KunsteGrot dit stel, van speenoud tot stokoud. Die ander stuk, “Die Antie met die Pienk Rok” stuur duidelik op ’n heel komiese en verwarrende einde af. Net so geskik vir jonk en oud. Ondersteun gerus Thabazimbi se eie toneelspelers wat hulle lewe op die planke waag om met toneelspel uit die boonste rakke jou te vermaak. Die twees stukke word op 18, 19 en 21 Oktober om 19:00 vir die publiek aangebied. Toegang beloop R50 vir volwassenes en R30 per kind. Vertonings begin 19:00 stiptelik. Sorg maar dat jy reeds teen 18:30 daar is om jou plek in te neem. Kaartjies is reeds beskikbaar by Rita Sel: 083 744 8559 of rivo@kunstegrot.co.za Thabazimbi se pensioenarisse kry ook op die geleentheid om die vertoning op Saterdag 22 Oktober om 10:30 gratis by te woon wanneer hulle dan ook deur die vroue van die SAVF getrakteer word. Kontak gerus die SAVF vir meer inligting. Besoekers uit die voorwêreld bedoelende Gauteng, en die omliggende dorpe soos Rustenburg, Bela Bela en Lephalale, kan gerus inskakel op Kwêvoël se Nuusbrief en sodoende inligting ontvang oor die verskeidenheid van aanbieding by Thabazimbi se eie KunsteGrot. Die KunsteGrot is uniek vir ‘n dorpsteater en is byvoorbeeld Pierneef Teater in Pretoria myle voor in terme van grootte, klank, verhoog en atmosfeer. Die KunsteGrot bied ook aan die mense op die platteland, veral in hierdie neerdrukkende ekonomie, die geleentheid om die kunstekultuur te beleef met uitstekende kunstenaars, toneel en die jongste Afrikaanse flieks teen billike tariewe te beleef. Buiten die goeie kunstenaars wat daar optree word die eerste uitreiking van nuwe Afrikaanse flieks daar vertoon op dieselfde dag as wat die flieks in die groot teaters vrygestel word, baie maal vergesel deur een of meer van die akteurs of regisseur van die betrokke film. Kom ervaar die grootskerm en die uitmuntende klank wat jy maar eenvoudig nie op die kassie aantref nie, ongeag hoe groot jou TV is. Nog ’n belangrike datum omdop te hou is Vrydag 4 Novemeber wanneer die immergewilde Chris Chameleon, ook ’n ou bekende kunstenaar wat gereeld ’n draai by die KunsteGrot kom maak weer gaan optree. Bespreek sommer nou by Rita.
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/11/matthys-roets-weereens-n-treffer-die-kunstegrot/
2016-10-11 08:04:13
Baanbreker geleentheid vir Afrikaans huistaal matrieks
Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin. Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016, ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou, terwyl bekwame onderwysers die leerders help met finale afronding vir die drie Afrikaans Huistaal-vraestelle. “Ons bied vir 60 leerlinge die geleentheid om die oggend self gratis by te woon, terwyl ander leerlinge, ook dié buite Gauteng, deur middel van hulle slimfoon, tablet, skootrekenaar of ’n rekenaarsentrum in die omgewing kan inskakel op GeRAT se YouTube-kanaal. Die eksamenvoorbereiding sal geskied by die Kremetart-lokaal by Helpende Hand se hoofkantoor in Kloofsig vanaf 08:00 – 12:00,” sê Hannie Viljoen, projekorganiseerder van GeRAT. Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat gr.12-leerders landswyd kan inskakel deur die webtuistewww.gerat.co.za te besoek en die Lenteskoolskakel te volg. Onderkant die video sal ’n skakel verskyn waar matrieks vrae aan die onderwysers kan rig. Leerders kan na afloop van die lenteskool te enige tyd na die video’s terugkeer, maar hulle sal nie enige vrae kan stel nie. Hierdie unieke geleentheid help om matrieks GeRAT te kry vir die eksamen. Stuur gerus enige navrae aanhannie@helpendehand.co.za.
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/20/baanbreker-geleentheid-vir-afrikaans-huistaal-matrieks/
2016-10-20 21:29:02
96% van suksesvolle studente léér op hierdie kampus
Vir 96% van Solidariteit Helpende Hand se studieleninghouers is #feesmustfall nie die enigste uitweg nie. Ten spyte van finansiële druk en moeilike studierigtings glo hierdie studente dat hulle deur harde werk vir hulleself ʼn beter toekoms kan bou as wat hulle ouers gehad het. Uit ‘n onlangse meningspeiling onder die 1 240 studente wat rentevrye studielenings by Helpende Hand ontvang het, blyk dit dat 96% van die studente nie met die #feesmustfall-veldtog saamstem nie. Selfs al is hierdie studente ook behoeftig en moes hulle lenings opneem om te studeer, glo 92% van die studente dat gratis onderwys nie haalbaar is nie. “Hierdie studente is op die ou end die suksesvolle studente,” aldus dr Danie Brink, uitvoerende direkteur: Solidariteit Helpende Hand. “Ons ondervinding is dat ons studente uiters suksesvol is in hulle studies en dat hulle gou werk kry. Ons weet dit vir ’n feit want ons het ’n terugbetalingsyfer van 98% binne die gegewe tydperk,” sê Brink. Die gemiddelde maandelikse inkomste van die huisgesinne van die 1 240 studente wat lenings ontvang het, is minder as R20 000 per gesin (R19 883). Hoewel die inkomste meer is as die maksimum inkomste vir aansoeke vir NSFAS-hulp, kon hierdie mense nie bekostig om hulle kinders te laat studeer nie. Hulle moet hulle wend tot privaat instansies of korttermynlenings by finansiële instellings. Die meeste van die studente het egter erken dat hulle geen ander keuse as Helpende Hand gehad het nie. Indien hulle aansoek om ’n studielening nie goedgekeur is nie, sou hulle nie kon studeer het nie. Hierdie studente se studies gaan gepaard met ’n verskeidenheid van uitdagings. Ten spyte van die ondersteuning wat studente by Helpende Hand ontvang het, het die meeste aangedui dat finansiële druk ’n groot struikelblok was. Studente het ook aangedui dat die werklading en moeilikheidsgraad van hulle studies baie swaar was. Dit was ook baie moeilik om hulle punte hoog te hou om sodoende hulle studielenings vir die volgende jaar te behou. “Verder is meer as 83% van die studente van mening dat hulle finansieel beter daaraan toe sal wees na hulle kwalifikasie as wat hulle ouers was,” sê Brink. “Die studente skep dus vir hulleself ʼn toekoms ongeag die omstandighede waaruit hulle afkomstig is.” Helpende Hand se Studiefondssentrum bied reeds sedert 2008 aan verdienstelike studente rentevrye studielenings om hulle drome te bewaarheid. Daar is al meer as R73 miljoen bestee om 4 601 studente te help om selfstandig te wees.
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/96-van-suksesvolle-studente-leer-op-hierdie-kampus/
2016-10-12 15:42:03
WEN met Emirates!
Besoek www.emirates.com en bespreek vandag nog jou vlugte! Besoek die Emirates-webblad om jou vlug te bespreek! Word deel van Emirates Skywards, die bekroonde vliegprogram van Emirates. Skryf in Naam: * Van: * Selfoonnommer: * ID-nommer: * Wat is die naam van die paleis wat Jana besoek het? * Ek het die kompetisiereëls en -voorwaardes gelees en verstaan * Ja Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee This iframe contains the logic required to handle AJAX powered Gravity Forms. Bepalings en voorwaardes Sluitingsdatum: 28 Februarie 2017. Die wenner sal teen 31 Maart 2017 aangekondig word. Hierdie is die standaard reëls en voorwaardes vir promosie-kompetisies wat aangebied word deur en in samewerking met Caxton uitgewers en drukkers Eiendoms Beperk, al sy belanghebbendes, filiale, die filiale van Caxton se filiale en die onderskeie houermaatskappye, die filiale van die houermaatskappye en afdelings en filiale (“Caxton”). Elke promosiekompetisie wat aangebied of bemark word, is onderhewig aan hierdie voorwaardes en bepalings (Engels: “T’s en C’s”) vir die aanbied van kompetisies en die reëls, promosiemateriaal of advertensies met betrekking tot die spesifieke promosiekompetisie. Al die bepalings van hierdie voorwaardes en bepalings vorm deel van Caxton se algemene voorwaardes en private beleid ten opsigte van die dienste wat aangebied word op Caxton se webwerf / we (die “Sites”), veral dié met betrekking tot die bestuur van kompetisies, gratis prystrekkings, en promosies op die webwerwe. Vir die doeleindes hiervan beteken “filiaal” Caxton se vennote, promotors, mede-promotors en borge van hierdie promosiekompetisie, en die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van al die genoteerdes. Jou: 3.1 deelname aan die reklamekompetisie; en / of 3.2 die nakom van die voorwaardes met betrekking tot ‘n promosiekompetisie, indien daar enige voorwaardes is, maak jou bindend vir die aanvaarding van hierdie voorwaardes en bepalings namens jouself en enige persoon met wie jy ’n prys deel hetsy ’n beloning, geskenk, gratis goedere of diens, prysvermindering of -korting, vermeerdering van hoeveelheid of kwaliteit van goedere of dienste of ander afslag of gratis aanbieding wat aangebied word (“prys”), in die geval wat ’n prys wat aan jou en een of meer bykomende persone (“vennoot”) toegeken word. Die promosie of kompetisie is nie oop vir deelname deur: 4.1 direkteure, lede, vennote, agente, werknemers, konsultante van Caxton en/of enige geaffilieerde maatskappye, agentskappe, geassosieerdes, vennoot en/of enige verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met ’n kompetisie nie; of 4.2 die gade, lewensmaat, sakevennoot of assosiaat, of die natuurlike of aangenome ouer, kind, broer of suster, van enige van die persone wat in 4.1 hierbo gespesifiseer is. Deelname-kriteria of voorwaardes soos uiteengesit in die reëls van elke promosiekompetisie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Caxton is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie ontvang word nie deur Caxton en/of die promotors, of betyds of glad nie, ongeag die oorsaak daarvan. Sonder beperking is Caxton nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese wanfunksionering van enige telefoonnetwerk of lyne, rekenaar aanlynstelsels, bedieners, of verskaffers, die wanfunksie van rekenaar hardeware of sagteware, of verkeersopeenhopings (hetsy fisiek, of op die Internet, telefoonlyne of by enige diensverskaffer, webwerf of ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie. Dit is jou verantwoordelikheid, as ’n deelnemer, om te verseker dat enige inligting wat jy verskaf ten opsigte van ’n promosie-kompetisie, akkuraat, volledig en op datum is. Enige koste of uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van daardie items wat spesifiek ingesluit in ’n prys is vir jou eie rekening. Caxton sal nie verantwoordelik wees vir enige koste of uitgawes wat jy, of jou maat (indien van toepassing), aangaan tydens en vir doeleindes van jou deelname aan die promosie-kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys nie. Caxton sal in die reëls, die totale waarde van die pryse spesifiseer wat gewen kan word, en die aard van die pryse, en enige koste deur die deelnemers aan enige spesifieke promosie aanbod. Caxton verteenwoordig nie enige of gee waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, van ’n prys, en in die besonder, maar sonder beperking, maak geen voorstellings en gee geen waarborg dat ’n prys, of enige aspek daarvan, – sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou maat se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtings nie; of 10.2 bevredigend en stiptelik sal wees nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie uitgestel word nie, of verander of verruil word vir enige ander item of kontant nie. Jy mag nie ’n prys ontvang as dit vir ons onwettig is om so ’n prys aan jou te lewer nie. As jy nie kwalifiseer vir so ’n prys nie, sal jy dit verbeur. As jy wen, moet jy alle dokumente en regte hê wat nodig mag wees ten einde deel te neem in die promosie-kompetisie of om ’n prys te ontvang. As jy ’n deelnemer is aan die reklamekompetisie aan wie ’n prys verskuldig is, sal jy gekontak word deur die kontakbesonderhede wat jy aan Caxton verskaf het. Caxton kan vereis dat jy, soos die geval mag wees, addisionele inligting sal verskaf wat redelikerwys benodig word om jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys te fasiliteer. Jy het een maand vanaf kennisgewing deur Caxton om jou prys op eis of om aflewering te reël, tensy anders bepaal in die reëls vir ’n spesifieke promosiekompetisie. [Nota: Bevestig asseblief dat ’n tydperk van een maand aanvaarbaar is] Indien jy ’n deelnemer is aan die promosie-kompetisie en geregtig is op ’n prys en jy versuim om binne die tydperk, vermeld in 14 hierbo op die formele kennisgewing te reageer, of om te voldoen aan die reëls vir die spesifieke promosiekompetisie, soos die geval mag wees, sal jy sulke onopgeëiste pryse verbeur en daarna mag Caxton lukraak ’n plaasvervangende wenner uit die kompetisie-inskrywings kies. Caxton sal die plaasvervangende wenner so gou doenlik in kennis stel en die bepalings van klousule 15 is van toepassing op die vervanging van die wenner in die geval dat hy/sy versuim om te reageer op die kennisgewing. Vir die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, behou Caxton en sy derde party verskaffers die reg om te eniger tyd, soos die geval mag wees, te verander, uit te stel, op te skort, of om die promosiekompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan te kanselleer, sonder kennisgewing, vir enige rede wat Caxton en sodanige verskaffers redelik mag ag in die omstandighede. In die geval van so ’n verandering, uitstel, opskorting of kansellasie, stem jy in om enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê in terme van die promosiekompetisie te verbeur en onderneem jy om afstand te doen van die regresreg teen Caxton en derde party verskaffers. Jy stem in jou deelname aan die promosie-kompetisie, en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, is op jou eie risiko. As jy ’n deelnemer is wat in aanmerking kom vir ’n prys, stem jy in dat Caxton of sy gemagtigde agente jou naam mag gebruik, jou stem mag opneem, foto’s en video’s mag neem vir die doel van bemarking en publisiteitsveldtogte. Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, stem jy in om die rooi rose-nuusbrief te ontvang. As jy in die laaste drie maande enige rooi rose-kompetisie gewen het, sal jy slegs wanneer hierdie tyd verloop het, weer in aanmerking kom vir ’n prys. Tot die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, sal Caxton nie verantwoordelik wees nie, en ontken alle aanspreeklikheid vir enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, hetsy wat voortspruit uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely word deur jou deelname in die promosie-kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou, of jou maat (indien van toepassing), van enige prys, of deur enige optrede deur ons of enige van ons vennote in ooreenstemming met die voorwaardes en bepalings. Hierdie voorwaardes en bepalings sal uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing word in ooreenstemming met die toepaslike wette van die Republiek van Suid-Afrika. Caxton behou die reg om hierdie voorwaardes en bepalings vir promosiekompetisies te wysig te enige tyd en sal dit publiseer op sy webtuistes en op aanvraag aan deelnemers beskikbaar stel. In die geval dat enige van die bepalings van hierdie terme en voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar is, sal sodanige terme skeibaar wees van die res van die bepalings van hierdie B’s en V’s, wat geldig en afdwingbaar sal bly.
http://www.rooirose.co.za/wen-met-emirates/
2016-10-06 06:00:29
WEN ‘N WESKUS-SPOGTROUE
Die Weskus is die ideale agtergrond vir julle troue, veral as jy die Togryersvlei Wedding Venue, Guest House and Accommodation as jou trou-en-onthaalplek kies. Dié pragtige plek is net 3.5 km buite Jakobsbaai en 20 minute vanaf Langebaan. Die prys sluit twee wittebrood-aande in die Gondwana Honeymoon Suite by die luukse Kwena Lodge in, insluitende fynproewer-etes, wildsritte en spa-behandelings. Bride&co sal sorg dat jy pragtig lyk in jou trourok ter waarde van R10 000. Danksy Obsidian Jewellery se geskenkbewys van R10 000 kan julle die trouringe kies wat jul harte begeer. Laat al die stresvolle troureëlings oor aan It’s ME on Main-troubeplanners oor sodat jy net op die opwinding van die spesiale dag kan fokus. Graham Beck sal vir die vonkelwyn sorg en Black Eagle Brewery sal van hul bier verskaf. Picture Booth sal ’n fotohokkie verskaf waar die gaste hulself kan laat afneem en House of Fine Cakes gaan die heerlikste troukoek bak. Ingesluit by die prys: • Togryersvlei Wedding Venue, Guest House and Accomodation sal die lokaal vir die onthaal, kos en eetgerei vir 60 gaste en ’n wittebrood-suite vir twee dae verskaf. Die prys van R34 000 kan van Junie tot Augustus 2017 benut word. www.togryersvlei.co.za • Die Gondwana-wittebrood sluit in twee nagte se verblyf in die wittebrood-suite van Kwena Lodge met drie etes per dag, twee wildritte per dag, ’n private piekniek en ’n spabehandeling vir die bruidspaar van R20 000 in. www.gondwanagr.co.za • Bride&co skenk ’n trourok ter waarde van R10 000. www.brideandco.co.za • Obsidian Jewellery gee ’n geskenkbewys van R10 000. www.obsidianjewellery.co.za • It’s ME on Main-troubeplanners sal help met die reëlings. Die waarde daarvan is R15 300. www.itsmeonmain-weddings.co.za • Graham Beck verskaf 12 bottels Graham Beck Rosé 2010, asook twee ysbakke, twee voorskote en twee bottelstoppers ter waarde van R4 000. http://www.grahambeckwines.com/ • Black Eagle Brewing Co gaan 50 bottels bier skenk. Waarde R1 500. http://www.bebc.co.za/ • House of Fine Cakes sal ’n troukoek van R5 000 bak. www.houseoffinecakes.com • ’n Fotohokkie van R3 000. www.thepicturebooth.co.za Gaan loer in ons Oktober uitgawe hoe om in te skryf
http://www.rooirose.co.za/wen-n-weskus-spogtroue/
2016-10-25 09:50:39
Digitale detoks: hoekom en hoe?
Teen die einde van 2014 was ek moeër as wat ek in jare was, vertel Ilse, wat haar eie digitale verslawing moes oorkom. Ek het soggens moeg opgestaan, gesukkel met konsentrasie en sleg geslaap. Ek het gesukkel om met aandag te lees, het altyd gejaagd en gespanne gevoel en saans kon my kop eenvoudig nie afskakel nie. Dit was erger as my normale einde-van-die-jaar moegheid, en ek het byna siek gevoel. Die eerste week van die Desembervakansie was ek noodgedwonge Internetloos weens swak selfoonseine, en dit was so rustig dat ek impulsief besluit het om die res van die vakansie ook ’n digitale blaaskans te neem. Ek was hartlik siek en salig sat vir my rekenaar en selfoon. Vir byna ’n volle maand het ek net die allernodigste op my rekenaar gedoen en net Kersdag en Nuwejaarsdag boodskappe op my facebook-muur geskryf. Nogal ’n groot verandering vir ’n serial-facebooker maar ek het my digitale afsondering terdeë geniet en so lank moontlik uitgerek. Ná ’n maand van digitale onthouding het ek uitgerus gevoel. Ek kon weer slaap en behoorlik konsentreer. Maar teen middel Februarie was ek weer moeg, geïrriteerd en aandagafleibaar. Facebook het my al hoe meer geïrriteer: die konstante stroom inligting, maar veral die aggressie, onverdraagsaamheid, selfgesentreerdheid en al die ongevraagde raad. Toe ek sewe jaar tevore by die wêreldwye facebook-klub aangesluit het, was ek ’n pas geskeide ma van twee klein kindertjies. Dit was afleiding, ’n manier om sosiaal te wees en in ander se lewe te deel in ’n tyd waarin ek weer my voete moes vind. Dit was ook ’n manier om te weet waaroor mense praat – ’n nuttige bron van idees vir artikels, en ’n manier om ingelig te bly oor wat in die wêreld aangaan. (So het ek myself altans oortuig – eers later het ek besef dit word FOMO genoem: the fear of missing out …) Toe ek by FB aangesluit het, was ek ’n betreklik onbekende joernalis, maar namate ek danksy my skryf- en radiowerk bekender geword het, het ek vriendskapsversoeke van al hoe meer mense gekry. Seker 99% van my uiteindelike meer as 2 500 “vriende” op facebook was liewe, dierbare mense met goeie bedoelings en ek het baie pret gehad. Maar tussendeur was daar die fruitcakes (my vriendin Sophia Kapp se kollektiewe benaming vir ongebalan-seerdes en wanaangepastes). Hulle was baie uitgesproke en het my aangeval en tereggewys oor alles – van my geloof in God tot my gewig. Ek het hope ongevraagde dieetraad gekry en gratis onge-vraagde terapie deur verskeie kwasi-sielkundiges. Die groot uitbarsting het ook gekom: die keer toe ’n onskuldige opmerking oor my “kids” gelei het tot ’n stortvloed kritiek oor hoe ek as “openbare figuur” Afrikaans versaak, hoe ek my morele plig versuim om die taal te alle tye korrek te praat, hoe die taalkrisis “mense soos ek” se skuld is … Meer as drie honderd mense het kommentaar gelewer en al het meer mense my verdedig as gekritiseer, was ek seergemaak en ontnugter. Ek het myself nog nooit as “openbare figuur” gesien nie en wou ek regtig weet wat Sarie van Melville of Koos van Bellville van my (of my kinders, of my lyf, of my politiek) dink? ’n Reeks gebeure het daartoe gelei dat ek iewers ná middernag op 26 Februarie 2015 my FB-profiel delete het. Dit was uiters bevrydend, maar ook ’n bietjie intimiderend. Die volgende dag het twee goed gebeur wat ek nooit sal vergeet nie: ek het ’n artikel oor digitale uitbranding gelees, en ’n vriend van my ouderdom is onverwags dood. Ek kon nie ophou dink aan hoe graag sy gesin hom sou wou terughê nie, en ek het besef hoe baie van my eie lewe, emosies en tyd ek gemors het in ’n virtuele wêreld terwyl ek die vlees-en-bloed mense in my lewe dalk onbedoeld en onbewustelik afgeskeep het. Ek het ook besef dat ek beslis aan digitale uitbranding gely het. Ek het nie net vir my werk my dae aanlyn bestee nie, maar ook op die Internet sosiaal verkeer. Al die tekens was daar: die gebrekkige konsentrasie, moegheid, geïrriteerdheid, die Weltschmerz wat my telkens wou onderkry wanneer ek lees van al die tragedies, oorloë en gerugte van oorloë. Die eerste week het my hande in ledige oomblikke outomaties na my selfoon gesoek om te lees wat op facebook aangaan – seker maar soos iemand wat ophou rook se hande na sigarette begin soek. Maar ek het vasgebyt, en ná ’n paar dae was my energievlakke en konsentrasie beter, ek het weer diep en rustig geslaap, en ek het weer met oorgawe (en met my gewone lees-spoed) gelees. Dis nou 18 maande later, en ek mis facebook glad nie. Ja, ek dink soms aan van my FB-vriende (en het nog kontak met van hulle) maar nee, ek is toe nie eensamer/minder ingelig/uit voeling met mense nie. Ek bly op die outydse manier op die hoogte van alles wat ek moet weet: ek lees daaroor (in koerante, tydskrifte en boeke), praat met (regte) mense en luister radio. My Weltschmerz het gewyk, en ek is my ou, positiewe self. Onlangs het ek Twitter meer aktief begin gebruik, maar baie oordeelkundiger as FB. Ek volg net meningsvormers en nuusbronne, en bly weg van persoonlike interaksie (en deel geen persoonlike inligting of foto’s nie). Ja, die versoeking is steeds daar om te verdwyn in al die inligting en nuttelose afleiding wat in die kuberruim beskikbaar is, maar ek het my les geleer. Hoekom detoks? Dis nie net sosiale media wat ons digitaal uitput nie, maar ook die feit dat ons heeldag op rekenaars werk en deur ons selfone permanent vir almal bereikbaar is. Levi Felix en sy lewensmaat Brooke Dean is die stigters van Digital Detox ®, ’n Amerikaanse organisasie wat daarop fokus om mense te help om die houvas van digitale toestelle op hul lewe te verbreek. Hul leuse en missie is Disconnect to Reconnect®, en deur hul baie gewilde Camp Grounded, ’n somerkamp vir grootmense, help hulle Amerikaners om presies dit te doen. Niemand mag enige digitale toestelle bring nie, en jy mag glad nie oor jou werk praat of eens jou regte naam noem nie! Die idee is om mense weer te leer om met ander te praat (en regtig te luister en oogkontak te maak sonder om vir jou selfoon te kyk!) en op gewone, outydse maniere te leer ontspan. Buitemuurse aktiwiteite, kampvuurkuiers, dans, saamsing, joga, sterre kyk, swem en meditasie is ’n paar maniere. Felix sê die doel is nie om jou te leer om sonder digitale toestelle te leef nie – dit het gekom om te bly en is ’n noodsaaklike euwel. Maar jy moet leer om dit te beheer in plaas van andersom. Hier is praktiese raad uit verskillende bronne • Skakel alle toestelle af vir ’n aand of dag per week. Ek doen dit Sondae en selfs Saterdagaande. • Bêre jou foon wanneer jy by vriende kuier, en gesels! • Skakel jou foon se klank af wanneer jy kan – dit maak dit reeds rustiger. As dit veilig is, ook snags. • Jy hoef ook nie elke oproep dadelik te antwoord nie – ’n selfoon moet jou meer vryheid gee, nie minder nie. • Moenie e-posse na jou foon herlei nie. Ek doen dit al vyf jaar lank nie meer nie, en het nog nooit iets belangriks heeltemal misgeloop nie. As iemand jou werklik dringend soek, sal hulle bel. Ek het in ’n noodgeval wel toegang tot my e-pos. • Moenie speletjies op jou foon speel nie. • Vermy enige aanlynbedrywigheid vir minstens twee uur voor slaaptyd en jy sal beter slaap. (Onthou die melatonien!) • Moenie aan WhatsApp-groepe behoort as dit nie absoluut noodsaaklik is nie. Mute ’n groep wat irriterend is, maar as jy ’n goeie rede het om wel daaraan te behoort. Maak reëls vir sulke groepe en vra mense om dit te respekteer (soos oor die ure waarin boodskappe gestuur mag word). • Sit ’n bepaalde tyd elke dag opsy vir die lees van e-posse. Elke keer wanneer jy jou werk onderbreek om ’n e-pos te lees, vat dit ’n minuut of twee om weer aan die werk te kom. Jy verloor baie tyd én konsentrasie. • Moenie van jou foon af by facebook inskakel nie, of teken ná elke sessie af. Wanneer jy elke keer weer moet inteken, sal jy ook minder geneig wees om uit verveling daarop rond te hang. • Wanneer iets aan jou eie Internetgebruik jou ongemaklik maak, luister na die stem-metjie en verander jou gedrag. • As jy voel jy bestee te veel tyd aanlyn, gebeur dit waarskynlik. Kry ander stokperdjies. Lees, brei, hekel, doen blokkiesraai-sels, werk in jou tuin, gesels met jou kinders/man/vrou.
http://www.rooirose.co.za/digitale-detoks-hoekom-en-hoe/
2016-10-21 13:26:15
Eksklusief: Marisa Drummond (Eintlik Nogal Baie)
Eintlik Nogal Baie is gebaseer op ’n draaiboek, naamlik Ally, met karakters geskep deur Jarrod de Jong. “Met ’n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ’n storie wat gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ’n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” se de Jong. “Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks- kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. Kykers kan defnitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” voeg de Jong by. Kyk hier na die video van Marisa Drummond: Die rolverdeling sluit bekende name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times, Hein de Vries en ander in. Die fliek is geskryf deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment), en vervaardig deur Jarrod de Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). De Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar Eintlik Nogal Baie op 11 Oktober 2016 vertoon sal word. In November sal Eintlik Nogal Baie ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Dié fees bied aan filmmakers ’n platform en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark. Die temalied van Eintlik Nogal Baie is vroeg in Augustus vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landwyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê de Jong. 1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met MadRobot, The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei.
http://www.rooirose.co.za/eksklusief-marisa-drummond-eintlik-nogal-baie/
2016-10-31 10:00:12
Praag, vers 2
Nog ’n avontuur in Praag! Ons stap verby die Design Hotel Neruda waar ons woon, af teen die bult waarteen ek ’n paar uur tevore met my sware tas opgesukkel het. Dis moeilik om die mooi geboue te waardeer of om by elke klein binnepleintjie in te kyk, want daar is te veel mense. Die smal sypaadjies, net breed genoeg vir twee, dwing groepe jolige jongmense in die straat en noodsaak motors en swierige perdekoetse tot ’n slakkepas. ’n Paar treë verder móét ons stilstaan om twee straatkunstenaars se vernuftige illusie te bewonder. Met ’n slim stukkie onsigbare ingenieursvernuf onder wye monnikjurke verberg, lyk dit asof een sittend in die lug hang terwyl die ander ’n stok vashou. Nie regtig honderd persent seker waar die brug is nie, volg ons die massas mense en stap uiteindelik onder die Malá Stana-toring deur op die brug. Van die beroemde standbeelde en die brug self kry ons min te sien. Groepe toeriste drom om toergidse, jongmense bondel saam vir groepfoto’s en tussendeur moet ons kort-kort stop of uitdraai vir iemand wat sukkel om in die selfieprentjie te bly. “Nee, hierdie is nie lekker nie, hier is te veel mense,” verwoord my man my gedagtes. “Kom ons stap oor en kyk of ons by die dorpsplein kan uitkom.” Saam met die baie mense spoel ons onder die oorkantste toring deur en stap oor tremspore in ’n smallerige straat af. Vorentoe verbreed die straat tot ’n klein plein met ’n paar straatkafees. Net ’n paar treë verder om die draai, en ons staan op Praag se “Old Town town square”. Pragtige gerestoureerde geboue, kerke, restaurante en natuurlik die wêreld se oudste werkende Astronomical Clock. Dit wys die stand van die son, maan, maande en tyd. Gebou in 1410, was dit vir baie jare buite werking, maar sedert restourasie in 1865 werk dit steeds. Toe ons tussen die mense tot voor die kloktoring beur, is ons ongelukkig net betyds om die laaste van die 12 houtapostels wat elke uur op die uur by die boonste klein venstertjies verbybeweeg te siene te kry. Die venstertjies skuif toe en die laaste slae van die klok beier oor die plein. Ek staan met ’n gevoel van verlies in my binneste na die klok en opkyk, want vorige reise het geleer dat daar gewoonlik nie nóg ’n kans vir ’n besienswaardigheid is nie. As dit op die vooraf, tot vervelens toe nagevorsde lysie of dalk al ’n jarelange hartsbegeerte is en die kans om dit te sien of te beleef glip om die een of ander rede verby, is daar baie selde ’n tweede kans. Tyd is te kosbaar. Ons het wel die bewegende beelde gemis, maar die klok en die ou stadsaal waarvan dit deel is, is onomwonde indrukwekkend. Die menigte keisteenstraatjies wat in alle rigtings uit die plein lei, is ’n skatkis van winkeltjies, restaurante en nagklubs. Alles in die pragtigste gerestoureerde geboue. Ons verloor onsself in die menigte mense, die altyd teenwoordige soet Trdelnik-geur en die toorkrag van eeue-oue geboue. Na ’n paar uur besluit ons dat hierdie dag lank en opwindend genoeg was. Terug oor Charles-brug, steeds propvol toeriste, en teen die steil opdraand uit hotel toe. My voete protesteer nou erger as vanoggend, maar gelukkig is ek darem nou sonder die tas. ’n Lekker sagte bed en ’n snoesige duvet is ’n seën aan die einde van ’n opwindende dag. Môre kuier ons verder … Lees ook Reis na Praag (vers 1)
http://www.rooirose.co.za/praag-vers-2/
2016-10-04 10:04:44
Kortbroeke met patrone
Om ’n bont kortbroek met patrone te dra, klink dalk vir jou na ’n mode-dilemma. Hoe en saam met wat gaan jy dit dra? Maar ’n kortbroek, vol patrone of nie, is uiters veelsydig. Jy kan dit deesdae informeel of meer formeel dra. ’n Paar maniere om broeke met patrone te dra • Klassieke blom- of blaar-patroon kortbroeke is stylvol en veelsydig. Behandel die patroon dieselfde as ’n neutrale broek en voeg iets prettig of grafies by. Kortbroek (R349) H&M T-hemp (R180) Foschini Handsak (R320) Exact • Kies ’n speelse motief. Die helder pynappels staan uit, maar het ’n neutrale agtergrond om iets bypassend uit te soek. As jy nie die avontuurlustige tipe is nie, kan jy nie verkeerd gaan met ’n neutrale t-hemp daarby nie. Dra ’n paar aanglipskoene vir moeitelose afronding. T-hemp (R160) Exact Geborduurde-kortbroek (R399) H&M Aanglipskoen (R299) The Fix • Kies ’n neutrale streep-kortbroek en dra iets helder daarby. Die Spaanse motief is hierdie somer groot nuus en ’n mens kan deesdae strepe en blom-motiewe meng sonder om verspot te lyk. Linne kortbroek (R350) Foschini T-hemp (R199) Foschini Vlieënierbaadjie (R1029) Zara
http://www.rooirose.co.za/kortbroeke-met-patrone/
2016-10-10 15:52:38
Deon Meyer: storieman
Hy kan presies onthou wanneer en waar hy besluit het dat hy ook eendag stories wil skryf. Deon Meyer was tien, dalk elf jaar oud, toe hy met sy stapeltjie boeke op die muurtjie voor die Klerksdorpse biblioteek vir sy ma sit en wag het en besef het hy wil ook eendag mense met sy stories vermaak. “My ma was versot op boeke – sy het veral graag Engels gelees. Ek en my twee broers is aangemoedig om te lees en sy het ons elke week biblioteek toe geneem vir nuwe boeke. Ek het reeds van jongs af Engels ook gelees.” Op 14 het hy sy eerste “boek” geskryf. Sy broers, wat dit teen hul sin moes lees, was nie te beïndruk nie en hy het eers in sy dertigerjare weer sy hand aan fiksie gewaag met kortverhale vir tydskrifte. Vandag spog hy met 13 boeke agter sy naam: elf romans en twee kortverhaal-bundels. En die naam Deon Meyer is ’n handelsmerk wat tot in Europa, Skandinawië en Amerika bekend is. Hy deel gereeld internasionale boekefeesverhoë met internasionale topverkoperskrywers soos John Connolly, Michael Connelly en Ian Rankin. Sy boeke was van die eerste Afrikaanse misdaadfiksietitels wat vir ’n internasionale gehoor in Engels vertaal is. Deesdae word sy boeke in 28 tale vertaal, onder meer Sweeds, Japannees, Mandaryns en Russies. Geen ander Afrikaanse (of Suid-Afrikaanse) skrywer kan met hierdie prestasie, of met drukoplae van 50 000 of meer kopieë op ’n slag spog nie. Hy hou daarvan om misdaadfiksie te skryf en te lees, maar dink nie die toenemende gewildheid van die genre in Afrikaans het enigiets met die hoë voorkoms van misdaad in Suid-Afrika te make nie. “Die land met die meeste misdaadskrywers per capita is Swede, die land met die minste misdaad ter wêreld. Misdaadfiksie is in essensie vermaak. Ek dink jy skryf wat jy die meeste geniet om te lees – jy absorbeer wat jy lees, veral wat die struktuur betref.” Hy dink wel die gewildheid van whodunnits en die toenemende besikbaarheid daarvan in Afrikaans het iets te make met die veranderende tye waarin ons leef, en selfs met ons demokrasie. “In die ou apartheidsdae sou hulle nie sommer my boeke gepubliseer het nie,” en vertel van die briefie wat hy van ’n voormalige lid van die destydse sensuurraad gekry het. “Hy skryf toe dat hy destyds beslis sou gesorg het dat 13 uur verbied word” Die lang man met die kenmerkende diep stem hou van die kreatiewe opsies wat misdaadverhale en forensiese en sielkundige navorsing hom gee. Hy vertel dat karakters, oplossings vir probleme en selfs tonele hulle in die skryfproses as ’t ware by hom kom aanmeld. “Ek beplan nooit ’n boek van voor tot agter nie, hoewel ek altyd ’n vae idee van die einde het.” Hy beplan ook nie sy karakters vooruit nie – sy karakters verras hom dik- wels terwyl hy met die boek besig is. Hy glo alle skrywers skryf in die eerste plek vir die leser in hulself. “Ek hoop dat as die storie my boei, dit vir die leser ook interessant sal wees.” Skryf het nog nooit vir hom soos werk gevoel nie. “As ek dink aan die reis waarop skryf my geneem het, voel dit nog so half onwerklik. Dit klink dalk soos ’n cliché, maar daar is vir my geen groter vreugde as om ’n gehoor te hê wat my boeke geniet nie. Dit gaan nie vir my oor die roem nie.” Roem is daar wel, volop erkenning ook. Hy spog met verskeie plaaslike toekennings, onder meer drie ATKV-prosa-pryse en nog vier ATKV Woordveertjies vir die beste spanningsroman. Sy boeke is ook al met verskeie internasio-nale toekennings bekroon. Hy is steeds, nes kleintyd, ’n passievolle leser. “Jy kan nie ’n skrywer wees sonder om ’n leser te wees nie” “Die leser in my bly die finale besluitnemer wanneer ek skryf. Ek het my die afgelope 58 jaar opgevoed deur die duisende boeke wat ek gelees het. Ek dink ’n mens het ’n plig om kennis te neem van die werk van soveel van die beste skrywers moontlik.” Deon skryf daagliks wanneer hy nie op boekbekendstellingstoere is nie. Hy verkies steeds om vroegoggende agter die rekenaar in te skuif – ’n oorblyfsel van die dae toe hy nog net deeltyds voor werk geskryf het – en skryf gewoonlik tot middagete. “Ek is maar ’n roetinedier, en skryf die heel lekkerste by my eie huis. Maar as die kalf in die put is, skryf ek op vliegtuie, lughawens, treine … ” Dis ’n verrassing om te hoor dat hy effens aandagafleibaar is en daarom maak hy seker dat daar so min moontlik is wat hom kan pla. “Ek trek my kantoordeur toe en skakel selfs die Internet af om nie deur iets soos ’n e-pos onderbreek te word nie.” Daar moet niks, nie eens agtergrondmusiek, wees wat sy konsentrasie kan verbreek nie. Wanneer die storie nie lekker wil vlot nie, gaan speel hy ’n potjie tafeltennis teen Marianne, die vrou in sy lewe. “Dan is my kop weer skoon en kan ek aangaan.” Laatmiddag ry hulle bergfiets vir ontspanning. “Maar die boek maal maar voortdurend in my kop, selfs wanneer ek ontspan.” Het hy interessante rituele as skrywer? “Ek probeer om altyd op 1 Januarie met ’n nuwe boek te begin. ’n Skoon lei, soort van.” ’n Ander nuwe begin Die idee van ’n nuwe begin was ook die inspirasie agter Koors, sy splinternuwe roman. Dis ’n interessante afwisseling van sy normale misdaadfiksie, maar Deon beklemtoon dat dit nie as ’n post- apokaliptiese roman gesien moet word nie. “Dis steeds ’n spanningsroman, net met ander soort karakters en ’n ander soort storielyn. Dit gaan steeds oor die oplos van ’n moord waarvan die leser al in die inleiding lees.” Wat wel opvallend anders is, is dat die verhaal hom afspeel kort nadat ’n dodelike virus die wêreldbevolking feitlik uitgewis het. Die mense wat oorbly, moet van vooraf aan ’n nuwe wêreld begin bou. Die verhaal word uit die oogpunt van Nico Storm vertel. Ons ontmoet hom as 13-jarige wanneer hy saam met sy pa, Willem, ’n verlate Suid-Afrika deurkruis op soek na die perfekte plek om van vooraf aan ’n nuwe beskawing te begin skep. Uiteindelik besluit Willem, ’n regsgeleerde met ’n voorliefde vir geografie, om strategiese redes op Vander-kloof, ’n dorpie langs die Vanderkloofdam. ’n Interes-sante karakter wat hulle op hul omswerwinge ontmoet, Hennie Flaai, strooi pamflette wat mense na hul dorpie nooi wanneer hy met sy vliegtuigie oor dorpe vlieg op soek na kos en ander voorraad. Saam met die groepies mense wat na Vanderkloof trek agter die belofte van kos, veiligheid en beskawing aan, kom daar ook al die normale menslike storm en drang, soos gierigheid en magsbeheptheid. Willem Storm, ’n sagmoedige, pragmatiese man, word teen sy sin die leier van die nuwe wêreld, en sterf later gewelddadig. Nico besluit sy pa se moordenaars moet aan die pen ry, en dit neem hom op ’n interessante reis deur die land. Die slot van die verhaal is ’n skokkende verrassing. “Marianne was woedend toe sy dit lees!” skerts Deon. Hy het vier jaar gelede die eerste hoofstuk van die verhaal geskryf, maar het dit op aanbeveling van sy oorsese agent eers teruggehou om nog twee romans met die speurder Bennie Griessel as hoofkarakter te skryf. “Sy het gesê ek moet Bennie eers oorsee vestig voordat ek ’n nuwe soort roman aanpak. Bennie is eintlik baie beroemder as ek,” lag hy. “Dis ook reg so, want ek glo ’n skrywer moenie in die kollig wees nie, sy karakters wel.” Hy het tien, vyftien jaar gelede die eerste keer lus gekry om iets soos Koors aan te pak nadat hy onder meer The World without Us gelees het. “Daarin word die vraag gevra hoe vinnig die aarde sal herstel as die mens van die aardbol af verdwyn” Maar vir Deon het ’n boek nooit net een ontstaansbron nie. “Dis in baie opsigte ’n toevallige proses en navorsing het elke keer ’n nuwe deel van die verhaal vir my ontbloot.” Toe Hennie Flaai byvoorbeeld agterkom dat petrol ná 18 maande “sleg” word en tot enjinprobleme lei, onthou hy van ’n dieselvliegtuig op Hoedspruit en hy en Nico vlieg daarheen om dit te gaan haal. Daar kom hulle af op Okkie, ’n vuil kleuter, die enigste oorlewende. Hy lag toe hy vertel die boek het uiteindelik byna 75 000 ekstra woorde bygekry. “Nes ek dink ek is nou klaar, gebeur iets nuuts. ’n Boek laat hom nooit dikteer nie.”
http://www.rooirose.co.za/deon-meyer-storieman/
2016-10-04 14:17:53
Nierskade? Doen hierdie selftoets
Nierskade is dodelik ernstig, want sonder jou niere kan jou liggaam nie ’n dag oorleef nie. Jou niere is maar klein: elkeen is so groot soos jou vuis, en sit net onder jou ribbekas, aan jou rugkant. Hul funksie is egter lewensbelangrik. Hulle filtreer afvalstowwe uit jou bloed en dit skei in jou uriene uit. Sonder jou niere hoop afvalstowwe binne ure op en ‘vergiftig’ jou liggaam homself. Gelukkig het jy twee niere. As jy reeds een verloor het, kan die ander een steeds jou liggaam ontgiftig. Die ding is dat beide niere baie dikwels saam geleidelik agteruitgaan. En nierskade is ’n ‘stil’ toestand. Met ander woorde, die simptome is so subtiel dat jy beswaarlik sal weet iets skort, totdat dit te laat is. Daarom is die volgende selftoets belangrik – vir jou gesinslede ook. As jy dink jy het ’n probleem, laat jou dokter jou behoorlik toets. Toets jouself vir nierskade 1. Nierskade is pynlik Waar Vals Vals. Anders as nierstene wat uiters pynlik is, is nierskade ’n stil toestand. Gelukkig is nierskade pynloos, maar dit bring juis mee dat jy en selfs jou dokter die simptome maklik miskyk. 2. Nierskade tas net bejaardes aan Waar Vals Vals. Van kinders tot studente, swanger vroue, mans van alle ouderdomme en bejaardes kan nierskade ontwikkel. 3. Watter kleur is jou uriene? Liggeel Diepgeel Bruingeel ’n Donkerder kleur soggens is normaal. Dit is ook normaal as jou uriene rooi is na jy beet geëet het. Maar as jou uriene altyd donkerkleurig is, kan selfs net een ja as antwoord op die onderstaande vrae aandui dat jy nierskade het. 4. Is jou hande, voete en enkels gewoonlik geswel? As jy op jou hande druk, bly die duikie sit? Ja Nee 5. Jou vel jeuk voortdurend, sonder duidelike rede. Krap en vryf jy altyd iewers? Ja Nee 6. Kry jy voortdurend spierkrampe? Ja Nee 7. Is jy kortasem, maar jy het nie asma nie? Ja Nee 8. Het jy hoë bloeddruk? Ja Nee 9. Sukkel jy om medikasie te kry wat jou bloeddruk afbring? Jou bloeddruk bly dus hoog, al is jy op medikasie? Ja Nee 10. Het jy oor die laaste paar maande gewig verloor, al was jy nie op ’n dieet nie? Ja Nee 11. Voel jy naar wanneer jy eet? Ja Nee Doen jou niere nog twee gunsies: drink pynpille maar drink dit net as dit nodig is, want hulle kan jou niere ooreis. Drink ook altyd genoeg water, veral in ons warm somers. Onthou ook dat lugversorgers in die winter jou dehidreer. Moenie in die winter vergeet om water te drink nie. Lees ook: Jou niere het water nodig – maar tel koeldrank ook as water?
http://www.rooirose.co.za/nierskade-doen-hierdie-selftoets/
2016-10-04 15:08:22
Brugjaar: ja of nee?
Ná 12 jaar op skool, waar ’n kind binne ’n veilige raamwerk selde alleen groot besluite moes neem, word daar nou van hom verwag om volwasse en verantwoordelik te wees en te besluit wat hy met sy toekoms wil doen. ’n Oorbruggingsjaar is vir baie die ideale geleentheid om ’n tree terug te gee en perspektief te kry. Maar so ’n jaar moet struktuur en ’n plan hê, anders kom kinders net so verward terug, en weet steeds glad nie wat hulle wil doen nie. Vir elke suksesstorie is daar ook rillerstories van kinders wat in die moeilikheid beland het, of koers verloor het. Waarborg ’n oorbruggingsjaar meer toegewyde studente wat hul studie gefokus aanpak en voltooi? In die meeste gevalle ja, maar dit hang af wat hulle in die brugjaar gedoen het. Navorsingsbevindings in Amerika toon dat daar ’n kans van 64% is dat hulle nie hul studie gaan voltooi ná hulle ’n gap-jaar gevat het nie, in vergelyking met studente wat dit direk ná skool doen. Rudi Viljoen van die Warriors Academy* sê al hul studente wat besluit om wel te studeer voltooi hul kursusse. “Daar is baie druk op jongmense om te besluit wat hulle ná skool wil studeer. As hulle verkeerd kies en opskop, ly hul selfbeeld en selfvertroue daaronder.” “Vandag se matrikulante kan uit soveel beroepe kies, dat dit bitter verwarrend is om die regte keuse te maak,” sê Jessica Gould van Gap Year South Africa*. “’n Oorbruggingsjaar dwing jou uit jou gemaksone en leer jou wie jy is en wat vir jou belangrik is. “Min ouers kan deesdae ten volle betaal vir kinders se naskoolse studie, of duur oorbruggingsjaarprogramme bekostig. As ’n kind steeds ’n jaar wil afneem om insig te kry kan hy in daardie jaar werk en geld vir sy studie spaar, terwyl hy dalk een keer per week of oor naweke as vrywilliger sport afrig ter wille van emosionele groei en verdieping. Dit sal hom help om ’n meer deurdagte besluit te neem. “Ek dink liefdadigheid* is ’n waardevolle aspek van enige program. As kinders teruggee aan gemeenskappe wat minder as hulle het, besef hulle die voorreg van goeie opvoeding en benut die geleentheid om te studeer beter. Maar dis belangrik dat kinders dit doen omdat hulle dit wíl doen – anders word dit ’n negatiewe ervaring. “Jy maak ’n verskil aan ander se lewe, maar gewoonlik is die grootste verskil in jouself omdat jy soveel leer. Kies jou organi-sasie met sorg sodat dit iets is wat jou na aan die hart lê.” “Maar ’n brugjaar is nie ’n verskoning om ’n hele jaar te jol of ’n vakansie op steroïede nie,” sê Rudi. “Daar moet ’n goeie struktuur wees sodat kinders geestelik en verstandelik uitgedaag word om te groei. Hoewel ons program ’n groot element van avontuur het, fokus ons net soveel op sakevernuf. Doen vooraf goeie navorsing oor die program, plek en mense.” Nie almal hou van die struktuur van ’n program nie, maar as jy besluit om jou rugsak oor jou skouer te gooi en deur die wye wêreld te reis, moet jy steeds een of ander plan hê. “Reis help jou om jouself te ontdek, maar dit kan jou ook van die werklikheid afsny,” sê Jessica. “Met ’n gap-jaar moet jy meer as dit vermag, anders word dit ’n ervaring waar jy jou aan die werklikheid onttrek, eerder as om in die werklikheid te ontwikkel.” Beplan vooraf sodat jy dalk iewers by ’n liefdadigheidsorganisasie betrokke kan raak, of doen iets soos ’n taalkursus in daardie land. Candice Carr (24) “Ek het nie ná skool ’n gap-jaar gevat nie, want ek het gereken ek wil liewer die momentum van my studie behou en was ook bang dat een jaar se onderbreking dalk twee of drie word … “Ek het my honneurs in die middel van 2015 voltooi en ek het ses maande gehad voor enige programme vir gegradueerdes by die groot maatskappye sou begin. “Ek wou nog altyd deur Afrika reis en by liefdadigheidswerk betrokke raak, en toe ek van die Put Foot Rally* by vriende hoor, het dit aan al die vereistes voldoen. Die toer deur Afrika strek oor drie weke, vier lande en 8 000 km. Ek en drie vriendinne het die tog saam aangepak. Dit was ’n wonderlike avontuur, maar dit was ook ’n groot geldinsamelingsveldtog en ons het op pad by verskeie skole skoene en skryfbehoeftes aan behoeftige kinders gegee. Dit was vir my bevredigend om te sien hoe ons wel ’n klein verskil in ander se lewe maak. Dit voeg ’n ander dimensie by jou persoonlikheid wat tot jou voordeel strek as jy onderhoude vir ’n werk doen. Dit het my ook ’n nuwe perspektief op die lewe gegee.” • Besoek putfootrally.com vir meer inligting. Jenna Braham (24) Jenna het in 2015 ná haar studie op ’n seiljag gewerk. “Ek wou graag reis en geld verdien. Vooraf doen jy kursusse* in eerstehulp, veiligheid, brandbestryding en hoe om seerowery te hanteer, want sonder die sertifikate word jy nie toegelaat nie. Ek het vir my eie kursusse en vlugte betaal en het ses maande op die seiljagte gewerk. “Dis ’n streng bedryf met baie reëls, maar dit keer ook dat jy nie uitgebuit word nie en dat meisies veilig voel. Daar rus groot verantwoordelikheid op jou en jy leer om baie geduldig te wees. Dit kan uitputtend wees omdat jy nie ’n afdag het wanneer jy op ’n ekspedisie is nie en dit is regtig intense, harde werk. “Tog het dit my waardevolle sosiale vaardighede geleer wat ek in my beroep toepas. Toe ek werksonderhoude gedoen het, het onderhoudvoer-ders baie op my tyd op die seiljagte gefokus en wou weet hoe ek moeilike situasies hanteer het. Ek is seker hierdie ervaring het my gehelp om ’n aanstelling te kry. “Ons het sowat R41 500 per maand verdien en jy het geen lopende uitgawes nie. Ek het omtrent die helfte van my geld gespaar en kon ’n groot deposito op ’n voertuig betaal en het die res in effektetrusts belê vir ’n deposito op ’n blyplek. Ek het baie gelag en baie gehuil, maar my ervaring was vir seker die beste ding wat ek vir myself kon doen. “My raad sou wees om vooraf te besluit hoe lank jy dit wil doen en daarby te hou. Hoewel die werk aanvanklik moeilik is, kom jy in ’n roetine en raak dit makliker. Omdat jy baie geld verdien, kan dit moeilik wees om op te hou. Ek wou nie ná vyf jaar terugkom en geen beroepsmoontlikhede hê nie.” * Jenna het deur Super Yachting South Africa (SYSA) haar kursusse gedoen en is toe oorsee waar sy die seiljagagentskappe genader het. * Besoek Warriors Academy by www.warriors.co.za * Besoek Gap Year South Africa by www.gapyearsouthafrica.com * As jy ’n liefdadigheidsorganisasie soek, google iets soos “rugby charity sa” en jy sal iets opspoor.
http://www.rooirose.co.za/brugjaar-ja-nee/
2016-10-21 13:03:15
Somer 2016: kikker jou klerekas só op
Jy hoef nie noodwendig die duurste of nuutste items in jou klerekas te hê om stylvol te lyk nie, dit gaan bloot oor die vermoë om altyd styl te hê ongeag wat in jou klerekas is. Ons gee ’n paar praktiese wenke oor hoe jy verlede jaar se somerklerekas kan regkry vir die nuwe seisoen: Eerstens, pak weg jou wintersklere en maak plek vir jou somerklere. Sorteer. Wees eerlik met jouself, gaan jy weer die spesifieke item(s) kan, of wil dra? Indien jy twyfel, voeg dit by die hoop wat aan minderbevoorregtes geskenk kan word. Is daar dalk items wat vergete agter in jou kas lê wat jy weer sal wil dra, maar eers sal moet laat verstel – dalk ’n ritssluiter vervang of ’n knoop weer vaswerk? ’n Vraag wat ons almal wil vermy, maar tog belangrik is om te vra – pas dit nog? Jou gunsteling, deurgeloopte paar leerskoene hoef nie in die drom te beland nie, neem dit na ’n plaaslike skoenmaker en vervang die ou sole met nuwes. Voor jy by jou gunstelingklerewinkels invaar om jou somerklerekas aan te vul, kom ons kyk eers wat vanjaar se modetendense inhou: Na afloop die 2016 New York-modeweek is dit duidelik dat die 90’s weer ’n gewilde modetendens is vir hierdie seisoen. Geometrie is ’n prominente motief en die blokhakskoen het ook die aandag getrek. Langbroek (R450) Foschini Halsnoer (R120) Woolworths Sandale (R399) H&M Krale- en borduurwerk word geïnspireer deur blommotiewe. Langmourok (R1029) Zara Sandale met kralewerk (R399) Foschini Toppie met borduurwerk (R629) Zara Tossels en valle is ook hoogmode. Grys velvetrok (R629) Zara Oorbelle met tossels (R129) H&M Sweedseleer sandale (R299) Fashion Express Kubaanse invloede met traditionele patrone, geborduurde motiewe en warm kleurskakerings. Driekwartbroek (R1029) Zara Swart en rooi geborduurde syrok (R2299) H&M Sweedseleer en bamboes handsak (R1499) H&M Oopskouer-toppies is ’n moet-hê-item hierdie seisoen, en saam met ’n paar vloot-geïnspireerde espadrilles-sandale is dit die perfekte kombinasie vir ’n gemaklike, steeds stylvolle, uitrusting. Espadrilles sandale (Prys op aanvraag) Zara Skouerlosebloes (R529) H&M Skouerlosetoppie (R299) Foschini
http://www.rooirose.co.za/somer-2016-kikker-jou-klerekas-so-op/
2016-10-31 07:35:11
The Breakthrough Experience - John Demartini
Dis nie aldag dat ’n man soos dr. John F. Demartini jou pad kruis nie. Hy het ’n ruim gees, ’n groot hart, uitgebreide kennis van sowat 260 vakgebiede en die wysheid van iemand wat verder as die meeste mense kan sien. Sy manier om grense oor te steek, word in sy leefwyse weerspieël. As internasionale spreker is John 300 dae van die jaar op reis. Gaan hy wel “huis toe”, is dit na ’n wooneenheid op ’n luukse skip, The World, wat die mooiste hawens op aarde aandoen. Dit lyk of alles wat dié eertydse chiropraktisyn aanpak ’n sukses is. Sy eerste praktyk het binne vier jaar tot vyf keer die oorspronklike grootte gegroei, en John het so ’n welvarende sakeman geword dat hy ook as sakekonsultant werk. Sy boeke oor persoonlike groei is topverkopers en sy innerlike helingsproses, The Breakthrough Experience™, verander wêreldwyd duisende mense se lewens. John se multinasionale persoonlike en professionele ontwikkelingsmaatskappy bestaan onder meer uit ’n navorsingsafdeling en die Concourse of Wisdom School of Philosophy and Healing, waar studente gewone of afstandsonderrig kry. Eintlik klink dit net te goed om waar te wees. Is John met ’n goue lepel in die mond gebore? Glad nie. Om te kon kom waar hy vandag is, moes hy teëspoed en struikelblokke oorwin. Dis dalk juis sy eerstehandse ervaring van swaarkry wat hom so ’n geloofwaardige leermeester maak. John is gebore met ’n hand en ’n voet wat binnetoe gedraai was. Van kleins af moes hy stutte dra. Dokters het gemeen hy sou nooit vinnig kon beweeg nie, maar deur suiwer wilskrag het hy homself leer hardloop. Op sewe het die volgende komplikasie kop uitgesteek: ’n leerprobleem. Sy onderwyseres het in sy teenwoordigheid vir sy ouers gesê hy sou nooit behoorlik kon lees, skryf of kommunikeer nie. Hy sou maar op sport moes konsentreer. “Met die hulp van ’n slimkop-meisiemaat het ek my laerskooleksamens geslaag,” vertel John. “Ek het haar oor elke stuk leeswerk uitgevra en onthou wat sy gesê het. Maar toe verhuis ons gesin van Houston na Richmond. “In Houston was ek ’n goeie atleet. In Richmond was ek ’n slaansak vir boelies” “Akademies kon ek ook nie vorder nie, en uiteindelik het ek my ouers gevra of ek skool kon los en Kalifornië toe ryloop om ’n branderplankryer te word. Hulle het gesien hoe die wind waai en ingestem. Ek was 14 jaar oud.” ’n Paar jaar lank het John die reusebranders van Kalifornië en Hawaii gery, in ’n tent gewoon en “alles wat laag genoeg aan die tropiese bome gegroei het, geëet.” Onwetend het hy die saad van ’n giftige plant ingekry. Strignien het in sy liggaam opgebou en hom so siek gemaak dat hy uiteindelik vier dae lank bewusteloos in sy tent gelê het. ’n Vrou wat daar naby in die woud gewoon het, het op hom afgekom en hom versorg. Toe hy sterk genoeg was, het sy hom na die naaste gesondheidswinkel geneem. Daar het hy ’n plakkaat gesien wat sy lewe sou verander: ’n advertensie vir ’n praatjie deur dr. Paul Bragg, ’n naturopaat wat ’n revolusionêre invloed op die Amerikaanse gesondheidswese gehad het. Dr. Bragg het ’n onuitwisbare indruk op die sewentienjarige John gemaak. Aan die einde van sy praatjie het hy almal wat daar was in ’n meditasie gelei sodat hulle hul lewensroeping kon ontdek. In dié geestestoestand het John sy droom geëien: hy wou die kosmiese wette (universal laws) bestudeer, veral met betrekking tot gesondheid en menslike bewussyn. Hy wou reis om hierdie kennis aan ander oor te dra en mense genees. “Teen die einde van die meditasie was ek in trane. Ek het geweet: ek sou ’’n filosoof, leermeester en geneser word.” Gou het hy besef watter hindernisse tussen hom en sy lewensideaal lê. “My drome het vêr buite bereik gelyk van ’n brandarm surfer wat pas by die dood omgedraai en met ernstige leerprobleme pleks van ’n matrieksertifikaat gesit het.” Hy het die moed bymekaargeskraap om dr. Bragg om raad te vra. Die oplossing, het dr. Bragg gesê, was dat John elke dag van die res van sy lewe met oortuiging moes sê: “I am a genius and I apply my wisdom.” As jy dit kan “sien”, kan jy dit word, het hy John verseker. Die uiteinde was dat John op agttien huis toe is en met die hulp van woordeboeke en ensiklopedieë leer lees het. Hy het sy hoërskoolekwivalenttoets geslaag en formeel én op sy eie begin studeer. “Ek het byna niks anders gedoen as gelees nie – soms tot agttien of twintig uur per dag. My ma se broer, ’n universiteitsdosent, het kratte boeke by ons huis laat aflewer. Kosmologie het my belangstelling in astronomie geprikkel, wat weer tot fisika, metafisika, teologie, mitologie, antropologie en ander gebiede gelei het. Nuwe wêrelde het vir my oopgegaan.” Hy het ’n formidabele leesspoed ontwikkel. Sy rekord staan op 11 000 bladsye per dag. “Daardie dag het ek halfdrie die oggend begin lees, en tot middernag deurgedruk.” Hy lees steeds minstens drie uur per dag. Gesels jy met hom, besef jy dis parate kennis dié. Raak net aan ’n onderwerp, en hy kom met interessante feite vorendag. Ná hy sy B.Sc.-graad voltooi het, is hy as chiropraktisyn opgelei. Hy het die spreekkamer mettertyd vir die verhoog verruil en sy droom om dit met wêreldbekende leermeesters soos dr. Wayne Dyer en Deepak Chopra te deel, verwesenlik. John is daartoe verbind om ander te inspireer om hul eie potensiaal raak te sien, hul lewensdoel te ontdek, hul harte oop te maak en ’n lewe te skep wat hul stoutste verwagtinge oortref. Hy verstaan nie net die kuns om mense tot groot hoogtes aan te spoor nie, maar staan reg met planne en praktiese oefeninge vir elke aspek en fase van die groeiproses. Omdat hy glo dat die hart, siel en kop saam baie meer as elkeen afsonderlik kan vermag, fokus hy op spirituele waarhede wat deur wetenskaplike navorsing gerugsteun en in die alledaagse lewe toegepas kan word. Vir almal beskore John is vas oortuig dat elkeen ’n uitsonderlike lewe kan hê en vir ander tot seën kan wees. “’n Betekenislose lewe of ’n waardelose mens bestaan eenvoudig nie. Daar is net mense wat nog salig onbewus is van hul innerlike roepstem. In elkeen van ons is iets onsterfliks wat ons wil opwek en lei om ons lewensdoel uit te leef. ’n Genius is iemand wat na dié binnestem luister.” Alles goed en wel, maar waar begin jy om jou droomlewe te skep? Die kort antwoord is: omskep jou gedagtes, en die transformasie van jou gevoelens en jou lewe volg vanself. John verkondig nie sogenaamde positiewe denke nie. “Om altyd op die positiewe te wil fokus, is onrealisties. Daardeur ontken jy ’n groot deel van die werklikheid.” Hy wil juis hê ons moet alle kante van die werklikheid raaksien. Dis moeiliker as wat dit lyk! Toets jouself aan die volgende stellings: *Eintlik behoort ek altyd gelukkig te voel. *Hartseer hoort nie in my lewe nie. *Ek behoort heeltyd geprys te word; kritiek is die laaste ding wat ek nodig het. As jy jou met dié strewes kan vereenselwig, is jy seker maar soos die meeste van ons. En tog – wie se lewe lyk so? “Elkeen van ons ervaar geluk én hartseer, lof én kritiek. As jy net die ‘goeie’ verwag, kan jy teleurstelling, ’n gevoel van mislukking en selfs depressie te wagte wees. Ek glo die oorsaak van ’n gebroke hart is ’n fantasie wat aan skerwe gespat het: iemand het eensydige verwagtings van ’n geliefde gehad, en is toe met sy of haar ander kant gekonfronteer.” John vergelyk dit met ’n hoefystermagneet. “Dit het twee pole. Al sny jy dit tien keer in die helfte, gaan daar nooit nét ’n positiewe pool wees nie. Dit geld ook mense, en dis wys om jou verwagtings in dié lig te ondersoek.” Depressie, sê John, ontstaan dikwels wanneer iemand iets onrealisties wil hê of wees. “Hulle blameer hulself of ander omdat hulle nie die onmoontlike kan regkry nie! ’n Doeltreffender benadering is om te aanvaar dat die werklikheid twee kante het, en ’n bewuste besluit te neem om albei kante te omhels. Om vervuld te leef, het jy die positiewe én die negatiewe, steun én uitdagings, samewerking sowel as konflik nodig. Jy het ook ‘goeie’ en ‘minder goeie’ eienskappe. Jy is gaaf én goor, vol hoop én moedeloos, begrypend én ongeduldig. Dis normaal. Dit maak jou mens en dit laat jou groei.” Hierdie gedagtegang is vir baie van ons vreemd. Ons is geleer om op die uitkyk te wees vir die negatiewe in ons en dit met hand en tand te beveg; só sou ons beter, liefdevoller mense word. John verras sy lesers deur in sy boeke te wys hoe algehele aanvaarding van die werklikheid – presies nes dit is – tot innerlike vrede en deurleefde liefde vir jouself en ander kan lei. Onder die oppervlak van die realiteit sien hy ’n volmaakte orde of divine order raak. Hy verduidelik dit teen die agtergrond van die kwantumfisika, maar dis ongelukkig te breedvoerig om in ’n kort tydskrifartikel weer te gee. “Wanneer iemand tegelykertyd ’n positiewe en ’n ewe sterk negatiewe emosie ervaar, soos ekstase en intense emosionele pyn, kanselleer hulle mekaar uit om geboorte te gee aan ’n gevoel van omvattende liefde en lig,” Wanneer ervaar ons gelyktydig ’n positiewe en ’n negatiewe emosie? “In elke situasie,” antwoord hy. In The Breakthrough Experience verduidelik hy hoe die onsigbare volmaakte orde sorg dat ons áltyd ’n positiewe saam met ’n negatiewe ervaring kry om ons in ’n hartstoestand van volkome balans te bring. Maar ons saboteer gewoonlik die proses. Skeefgetrekte verwagtings laat ons teen een van die emosies vaskyk, en ons mis die kans om albei emosies raak te sien en in ’n dieptetoestand van ware liefde te integreer. Hierdie soort liefde is meer as ’n positiewe gevoel. “Dis ’n grootse belewenis wat moeilik in woorde uitgedruk word, maar altyd trane van dankbaarheid bring.” ’n Eenvoudige voorbeeld van hoe positiewe en negatiewe emosies in pare kom, is dié van ’n pa wat met ’n kind raas terwyl die ma die kind jammer kry. Die klein stouterd word terselfdertyd uitgedaag en gesteun. Hierdie verstommende balans kenmerk ook ingrypende gebeure soos ongelukke en verkragtings. John se innerlike helingsproses, The Breakthrough Experience, is onder meer ontwerp om “slagoffers” te help om die gawe of bedekte seën in traumatiese gebeure te kry. Dit kan aanvanklik wreed klink, maar die talle gevallestudies in The Breakthrough Experience wys hoe pynlike ervarings mense eintlik bevoordeel het deur hulle onafhanklik te maak of hulle ’n hartsbegeerte te gee om ander te help. Ná so ’n helingsproses sien mense hulle nie meer as slagoffers nie, maar as geseëndes. Hulle vergewe altyd die een wat hulle te na gekom het, selfs ná jare van haatdraendheid. Dikwels verdwyn hul fisieke kwale spontaan, maar John benadruk dat hy dit nie waarborg nie. Die belangrikste is om mense met die goddelike gawe van hul innerlike lig en liefde te herenig. Nog baie meer The Breakthrough Experience is nie die enigste aspek van John se werk nie. In sy boek How to make one hell of a profit and still get to heaven wys hy hoe jy finansiële en ander vorme van oorvloed in jou lewe kan skep. Die parmantige titel het niks met die algemene siening van die hiernamaals te doen nie. “Hemel” dui op ’n hartstoestand van waardering, vervulling en die vermoë om die hier en nou te beleef – pleks van toekomsvrees of spyt oor die verlede. “Dankbaarheid vir die seëninge van die lewe kweek die diep wete dat jy saak maak, dat jy ‘hoort’, en dat jy ’n betekenisvolle roeping het om te vervul.” Nes in sy ander boeke is daar tientalle opdragte en oefeninge wat jou die werklikheid anders laat sien en gevolglik jou gevoelslewe en optrede laat verander. Dink en doen jy nuut, kry jy nuwe uitkomste – ook finansieel. In You Can Have an Amazing Life in Just 60 Days beskryf John sestig kosmiese wette wat jou lewe op geestelike, verstandelike, fisieke, professionele, finansiële, sosiale en gesinsgebied kan verryk of selfs kan omkeer. Dié wette is algemeengeldende reëls wat hy teëgekom het op al die studievelde waar hy dit gewaag het. Hy wys onder meer hoe jy ’n meesterplan vir jou lewe kan skep en dit stap vir stap werklikheid kan maak. Om dr. John Demartini en sy impak op die wêreld in ’n paar bladsye saam te vat, is nie so maklik nie. Jy moet hom eintlik op die verhoog sien of sy boeke lees. Sy diep waardering vir elke mens, hoogaangeskrewe of onbekend, kom die duidelikste in ’n persoonlike gesprek na vore. John ken die soet én die suur. In Desember is sy vrou aan borskanker oorlede. Sy drie kinders sien hy min. Maar hy leef met passievolle oorgawe, raak maklik aangedaan en deel graag sy gawes met ander: veral die vermoë om die werklikheid te síén.
http://www.rooirose.co.za/breakthrough-experience-john-demartini/
2016-10-09 00:00:00
Koffietafel (voor en na)
Volg hierdie paar stappe om jou koffietafeltjie in iets modern te omskep. Wat benodig jy? Tafeltjie Muurpapier Dala Construction Glue Kwas Vernis Liniaal Skêr Skuurpapier Ronde vilt-plakkers vir die pote se onderkante Hier is die klein tafeltjie voordat ons met die projek begin het: Stappe Stap 1 Meet jou tafel se oppervlak en meet dit dan op die agterkant van die muurpapier. Gebruik ’n potlood en liniaal om dit mooi volgens die mates uit te knip. Stap 2 Gebruik nou maskeerband om jou tafelpote se bo- en onderkante te skei. Die boonste deel word dan met ligte grys geverf en die onderkant met wit. Hou vir veiligheid koerant onder sodat die verf nie drup of versprei as jy die onderkant van die poot verf nie. Stap 3 Skuur jou tafel effens sodat dit ’n growwe oppervlak het. Anders gaan jou muurpapier nie so maklik vasbly nie. Stap 4 Draai die proppie van die gom af en druk ’n paar groot stukke gom op die tafel af. Verf die gom met ’n kwas sodat dit die hele oppervlak bedek. Stap 5 Neem die vel muurpapier en sit dit bo-op die gom-oppervlak. Met ’n liniaal kan jy nou die muurpapier egalig plat druk/skuur sodat daar geen plekke is waar die muurpapier oplig nie. Stap 6 Vir die laaste stap moet jy die tafeltjie ’n lagie vernis gee. Dit sal verhoed dat dat daar permanente merke op die tafel oorbly (wanneer jy byvoorbeeld iets daarop mors, kan jy dit net met ’n nat lappie afvee). Wag twee dae sodat die vernis deeglik droog is. Onthou om jou kwas (waarmee jy die vernis geverf het), in terpentyn te was. Stap 7 Gebruik vilt-plakkers vir die onderkant van die pote, om dit te beskerm. Nou is jou tafel klaar!
http://www.rooirose.co.za/koffietafel-voor-en-na/
2016-10-03 05:00:10
Sonate, hoofstuk 5
Die kind speel klavier in oom Stan se musiekkamer. Hy sit langs haar met sy arm om haar lyfie. “Oom Stan? Kan God my tot in die hemel hoor speel?” “Hy hoor jou, Grootnooi, Hy hoor elke noot wat jy speel. Dis hoekom jy jou beste moet speel.” Die kind hou op speel en kyk na oom Stan. “Oom Stan? Sien Hy my hier voor die klavier? Kan Hy so ver sien, oom Stan? Deur die gordyne?” Oom Stan staan op en trek die gordyne toe. *** Harde tienermusiek laat die vensters van die pastorie vibreer. Die ma hamer teen die tiener se kamerdeur. “Ansa! Trek nou klaar aan! Ons kan nie weer laat by oom Stan aankom nie!” Die tiener gil ongeduldig op haar ma. “Ek kommmmm Ma! Jissie Ma kan darem aanhou! Ek sê mos!” Die tiener ruk die deur oop. Sy het ’n baie kort rompie aan. “Ag nee man, my kind. Jy kan mos nie met daardie kort rompie na Oom Stan toe gaan nie!” Die tiener trek die rompie af oor haar bobene om dit langer te laat vertoon. “Ag Ma moenie so priss wees nie, dis net Oom Stan!” Die ma prober haar terugstoot in die kamer. “Jy kan nie soos ’n … Dit lyk goedkoop. Wat gaan hy van jou dink?” Die tiener lag uit haar keel. “Toe ek klein was het my kort rompies en sjorts oom Stan nie gepla nie.” “Maar nou is jy groot. Jy is nou …. Ansa, jy is nou ’n vrou. Oom Stan is … jy behoort respek te toon teenoor hom.” Die tiener rol haar oë. “Respek? Natuurlik het ek respek vir oom Stan. Hoe het Pappa nou weer gesê met oom Stan se verjaarsdag? ‘Stanley Viljoen, ’n man wat die jeug van hierdie gemeenskap onder hande geneem het.’” Die ma gooi haar hande in die lug. “Ansa, ek weet soms nie wat in jou vaar nie.” *** Die tiener sit voor oom Stan se klavier. Sy speel ’n klassieke stuk, maar maak baie foute. “Probeer weer, Ansa, dis nog nie daar nie. Jy sal meer moet oefen. Ek sien jy en jou kêreltjie ry deesdae die hele dorp vol?” Die tiener hou op speel en kyk uitdagend na oom Stan. “Oom Stan, dit het niks met my klavierspel te doen nie! Ek oefen!” “Wel, dis nie meer genoeg nie. Minder vry en meer oefen.” Die tiener klap die klavier se deksel toe. “Wat ek in my vrye tyd doen, het niks met Oom te doen nie! Oom is net jaloers!” Oom Stan maak die deksel weer oop en beduie dat die tiener weer moet speel. “Ansa, ek probeer jou net beskerm. Jy was van kleins af … te…e ryp vir jou ouderdom … jy weet?” Die tiener klap weer die deksel toe. “Bedoel oom as oom die gordyne toegetrek het toe ek nog klein was!?” Oom Stan staan op en gaan staan by die venster. “Jy het nog altyd ’n ryk verbeelding gehad, Ansa. Jy onthou goed soos jy dit wil onthou. Jy wil weer jou ouers se harte breek met jou verbeeldingsvlugte.” Die tiener hamer met haar hande op die klavier. “Dit was nie my verbeelding nie! Dit het …” Oom Stan kom staan langs die tiener. Hy prober aan haar skouer vat, maar sy stamp sy hand weg. “Soos Bollens regtig was? Jy en Bollens het vreeslike goed uitgedink. Avonture en goed? Onthou jy?” *** ’n Motor hou voor die pastorie stil. Die musiek dreun doef-doef deur die buurt. Die tiener hardloop die tuinpaadjie op. Haar ma staan op die stoep vir haar en wag. “Ansa! Dis vyfuur die oggend! Waar was jy!” “By Ernst se huis. Ek is moeg, ek wil gaan slaap.” Sy probeer verby haar ma druk. “Gaan slaap? Dis al oggend! Jy het my die hele nag wakker gehou. Nou wil jy gaan slaap!” “Ek is mos nou hier. Ma kan nou gaan slaap.” “Was Ernst se ouers by die huis?” Die tiener staan uitdagend voor haar ma. “As Ma dan nou skielik omgee wat agter geslote deure met my gebeur, nee, Ernst se ouers was nie by die huis nie. En ja, Ernst het met sy hande oor my borste gevryf, hy het my boudjies gesoen. EN my roosknoppie!” Die ma hou haar hande voor haar oë asof sy die tiener se woorde probeer wegkeer. “Ansa! Begin jy al weer daarmee? Hou jy daarvan om my te skok?” Die tiener hou haar vingerpunte teen haar voorkop. “Skokterapie! Ma weet mos hoe dit werk? Jy neem jou mal dogter psigiater toe en dan skok hulle haar brein. Zzzzzzzzzzzzzz, tot julle dink sy is nou weer reg. “Daarsy, Mevrou Duvenhage, U dogter is nou weer perfek, net soos U wou gehad het.” *** Die bejaaarde vrou sit op haar bed in die ouetehuis. Sy luister na klassieke musiek. Die musiek is baie hard. Haar versorger kom by die deur ingestap. “Tannie Ansa? Tannie Kruger kla oor die radio wat te hard is, kan ek dit bietjie afdraai? Tannie! Die bloed! Wat het Tannie aangevang! Tannie het belowe om nie weer … Matrone Help!” Die versorger gil om hulp. ’n Suster kom ingehardloop. *** Die ma staan voor die badkamerdeur. Sy klop, maar maak die deur dadelik oop. “Ansa! Nee! Kyk die bloed in die badkamer! Weet jy hoe onsteld sal Pappa wees as hy weet jy het weer begin!” Die tiener sit kaal op die bad se rand. Die bloed loop teen haar arms en bene af. “Vir wat bars Ma so in? Het ek geen privaatheid nie? Dis nie. Dis die skeermes, ek het my raakgesny. Regtig.” Sy probeer haarself met die handdoek toehou. Die ma prober die handdoek oplig. “Laat ek sien wat gaan aan!” Die ma ruk die handdoek weg. “Ma het nie die reg nie! Ek haat julle! Julle het geen respek vir my nie! Ek wens ek was dood!” Die ma staar geskok na haar bloeiende kind. “Genade, my kind, kyk hoe lyk jy!” Sy probeer die bloed met ’n waslap afvee. Die tiener ruk los. “Los my! Moenie maak of Ma omgee nie!” Die ma probeer steeds om die bloed op te vee. “Hoe kan jy so wreed wees, natuurlik gee ons om, jy is ons kind!” “Ja, en my pa preek: God is liefde …” “Stop dit! Stop dit! Jy is weer deurmekaar. Hou op!” *** Die bejaarde vrou lê op haar bed. Haar arms is met verbande toegedraai. Haar versorger en die matrone staan langs die bed. “Rustig nou tannie Ansa …” Ek sal hier by haar sit, Matrone, tot sy slaap. “Tannie Ansa? Dokter sê dié keer is dit nie nodig vir steke nie. Slaap nou. Die pynstiller sal nou werk. Slaap nou.” *** Die ma sit langs haar volwasse dogter se hospitaalbed. Sy vryf oor haar dogter se voorkop. “Slaap nou, Ansatjie. Mamma is hier.” Die dogter kreun. “Mamma, julle moes my gelos het.” “Moenie so praat nie. Jy sal weer beter word.” Die vrou stoot haar ma se hand weg. “Ek is nie meer ’n kind nie Ma, ek is dertig. ’n Fokkop, Ma. Ek wil nie meer leef nie, verstaan julle dit nie?” “Pappa kom nou …” Die jonger vrou beur regop. “Die dominee met die mal dogter!” Die ma prober haar terug druk op die kussings. “Jy moet rus, my kind. As jy ontslaan word, kom jy huis toe. Dalk kan jy weer begin klavier speel?” Die jonger vrou beur weer regop. “Na die fiasko van my laaste konsert? Niemand wil ’n dronk vrou sien klavier speel nie!” Die ma vryf die dogter se hare plat. “Ansatjie …” Die dogter stoot weer haar ma se hand weg. “Daardie dag toe ek my klavier aan die brand gesteek het, Ma, daardie dag is Ansatjie dood! Hoor Ma my!’
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-5/
2016-10-14 11:49:32
Steel Kate Middleton se styl
Kate Middleton se klere is stylvol, klassiek en verfynd, en sy dra telkens die gepaste uitrusting vir elke geleentheid. Tydens haar en manlief, Prins William, se onlangse besoek in New Dehli om koningin Elizabeth se 90ste verjaardag te vier, het Kate die koppe laat draai in ’n swart-en-wit rok wat deur Alice Temperly ontwerp is. Die stempel van dié voorkoms is elegant en vroulik en die rokke in jou klerekas moet ’n vlyende, klassieke snit wees. Alhoewel Kate se ikoniese styl die kniehoogte klokrok is, het sy hier die eg-Indiese gevoel aangeneem met ’n mendhi-patroon. Dit word saam met eenvoudige swart ooptoon-hakskoene, aandbeursie en kandelaar-oorbelle afgerond. Met die rok as die fokuspunt, is dit duidelik dat Kate haar bykomstighede eenvoudig gehou het. Die swart, regaf strepe beklemtoon haar vietse lyf en gee ’n slankende voorkoms. Kate bewys dat jy nie altyd iets blinks hoef te dra om ’n indruk te maak nie en dat eenvoud dikwels meer bied. #rooirosewenk Die ikoniese klokrok is ’n wenner om jou middel te beklemtoon, maar bied steeds speelse bewegings met elke tree. Rond dit af met ’n paar klassieke punt-hakskoene om jou bene daardie slankende voorkoms te gee. Chiffonrok (R1199) H&M Oorbelle (R169.50) Colette Haymen
http://www.rooirose.co.za/steel-kate-middleton-se-styl/
2016-10-19 13:49:03
Bok van Blerk, van De La Rey Tot Nou
“Van De La Rey Tot Nou” bevat 15 splinternuwe Bok-treffers insluitend die titelsnit wat hy die eerste keer vroeg in September voor ’n regstreekse gehoor gesing het by die opname van ’n konsert wat sy 10 jaar in die musiekbedryf vier. En te oordeel aan die reaksie, is hierdie weer een van daardie klassieke Bok-nommers wat hom so geliefd en gewild gemaak het. Die liedjie, asook heelparty ander op die CD, kom uit die pen van Johan Vorster, Christoph Kotzé en Bok homself. “Ander liedjies op die CD sluit in die titelsnit vanaf die “Modder en Bloed”-klankbaan, “Bloedbroers” en “Goeie hout.” Daar is ook heelwat ooreenkomste tussen Bok se eerste CD en die nuwe een. Behalwe vir die titel wat baie dieselfde is, bevat beide ’n liedjie oor ’n kar – “’68 Chevy” was op “De La Rey” en op “Van De La Rey Tot Nou” is daar ’n liedjie met die titel “Datsun bakkie.” Klankgewys, word baie van dieselfde instrumente wat op die eerste album gehoor kon word, soos die konsertina, weer ingespan. En op “De La Rey” het Bok ’n liedjie uit die pen van ’n ikoon, David Kramer met die titel “Katie” gesing. Op die nuwe album is daar liedjies met die titels “Reënspinnekop” en “Winterkind,” onderskeidelik uit die pen van twee ander musikale ikone naamlik Valiant Swart en Koos Kombuis. Selfs die foto’s wat gebruik is op die omslag van beide albums is op dieselfde plek geskiet. Op die nuwe album is die foto boonop simbolies aangesien Bok in ’n kweekhuis staan en uitkyk oor wat die volgende tien jaar gaan inhou. Die afgelope 10 jaar voel steeds onwerklik,” sê Bok, “en hierdie album is maar net my manier om dankie te sê vir almal wat die musikale paadjie saam met my gestap het … van mede-musikante tot by die mense wat die albums koop en my konserte bywoon.” “Van De La Rey Tot Nou” is nou by musiekwinkels beskikbaar. Om ingelig te bly oor wat Bok mee doenig is en waar hy gaan optree, volg hom op Twitter by @BokvanBlerkReal of besoek bokvanblerk.co.za.
http://www.rooirose.co.za/bok-van-blerk-van-de-la-rey-tot-nou/
2016-10-17 14:38:34
Borskanker: ’n deel van my lewensreis
Vir ’n klompie aantal jare wik en weeg ek om dié groot operasie te laat doen. Dan is die geld te min, dan pla dit my nie rêrig so baie nie, dan gaan reis ons liewer met die geld, dan is ek te vet … Tot my dierbare eggenoot my eendag aanmoedig om nou vir eens en vir altyd ontslae te raak van die ekstra 12 kg, waarná hy my sal bederf met die geld vir ’n borsreduksie. Ek kon nog nooit t-hemde of swembroeke met gemak dra nie. Net ingevoerde, baie duur bra’s, was my voorland. Nou’s my kans. 2005 was die jaar waarin ek in 12 maande 12 kg verloor het. Ek het nog nooit so goed oor my self gevoel nie. Nou net vir hierdie 34 E-buuste. Baie tevrede met die oulike plastiese chirurg, gaan die nuwe 38-jarige pasiënt, voor die borsreduksie, vir ’n roetine mammogram. (Ek is nog nie 40 nie, dus is hierdie my eerste mammogram). Nie vreeslik bekommerd nie, drapeer ek my linkerbors vir ’n tweede mammogram, aangesien die radioloog iets gesien het. Na ’n sonar sê sy dat dit net knoppies is en sommer tydens die borsreduksie verwyder kan word. Niks ernstig nie. Die regterbors lyk piekfyn. *** Ek word wakker en kyk dadelik af. Sjoe, ek is plat, maar so mooi! Die dokter staan by my bed en deel my mee dat die operasie baie goed verloop het, maar dat hy ook ’n knop aan my regterbors verwyder het. Ek steur my nie vreeslik hieraan nie, die ander bors se knoppe is ook mos net uitgehaal. Vir die volgende vyf dae kuier familie en vriende by my en hulle kan nie uitgepraat raak oor hoe goed ek lyk nie. Self voel ek só bly en dankbaar dat ek die operasie uiteindelik laat doen het. Nuwe lyf, nuwe ek. SMS van Mathilda: “Het jy al uitslae gekry van uitgehaalde knoppe?” Ek SMS terug, glad nie bekommerd nie: “Nee, maar geen nuus is goeie nuus! Wanneer kom jy kuier en kyk?” ’n Liewe vriendin kuier die 6de April by my toe my man onverwags by die huis opdaag. Opgewonde ontvang ek hom by die voordeur. Hy wil seker net weer ’n oog or sy mooi vrou kom gooi. Gou kom ek agter dat hierdie nie net ’n inloer is nie. Met ’n wit, geskokte gesig deel hy my mee dat die knop aan my regterbors ’n derde graadse buiskarsinoom was. In ongeloof sak ek op die naaste bank neer en bêre my nat gesig in my hande. SMS van Adri, my sus: “Al wat ek vir jou kan sê is, God is in Beheer! Ons dink aan jou.” In die volgende paar dae besoek ek vele chirurge en onkoloë. Almal se raad is dieselfde: MASTEKTOMIE “Here, kan dit wees dat ek hierdie mooi borste nou moet verloor?” SMS van Mamma: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Ek doen verdere toetse om te kyk of die kanker nie versprei het nie: bloedtoetse, long-x-strale, buiksonars en ’n sentinel-biopsie. Ek ondergaan ook ’n MSI-skandering. Alles is skoon, geen verspreiding. Dankie God! Nog steeds beveel die onkoloë ’n mastektomie aan, want ons kan dan geen kanker sien nie en moet net seker maak? Dit maak net vir my en my man geen sin nie. Ek sien een dokter na die ander vir vêrdere opinies. SMS van my man: “My liefling, dit pynig my om te sien hoe hierdie beproewing jou ontstel! Ek weet dit is moeilik, maar jy kan nie jou hoop op elke dokter wat jy sien plaas nie. Jy moet fokus op Jesus. En jy moet ’n beginsel-besluit neem om jou bors te behou. As jy nie self daarvoor veg nie, sal niemand nie.” ’n Week voordat ek sou ingaan vir die mastektomie, kontak ’n vriendin my en vertel van ’n sekere dokter wat nie sommer ’n mastektomie doen nie. Volgens haar is ’n mastektomie geen waarborg dat die kanker nie weer gaan terugkeer nie, en dit dus té radikaal is om sommer net ’n bors te verwyder. Hierdie dokter voel soos ’n antwoord op my gebede. Ons besluit saam op vier sterk chemoterapieë en ses weke se bestraling. SMS van sus Adri: “Sjoe, so hartseer oor die pad wat vir jou voorlê. Ons sal elke tree saam met jou stap. Ek begin solank hoede soek …” SMS van Lorraine: “Karen, hoe wonderlik om te weet dat die aanvanklike gevoel van volslae, verlammende, bewende, versteende onwerklikheid mettertyd verdryf sal word deur ’n God wat ons donkerste dieptes ken, ons daar wil bystaan en ons daardeur wil lei.” En so was dit … God was daar met elke hartseer en bang tydens die behandeling. Hy was in die dierbare dokter wat my so behandel het dat ek nie een dag naar was nie, in die verpleegpersoneel wat are moes soek, in ’n dierbare niggie wat ‘toevallig’ die ontvangsdame by die spreekkamer was en soveel spesiale aandag gegee het. God was in my ongelooflike man wat my so ondersteun het, vir my lief was ten spyte van hoe ek gelyk of gevoel het, in my kinders se net-daar-wees ten spyte van al hul eie vrese, in elke familielid wat kos gebring het en kinders help versorg het. God was in Francois Stander wat my gehelp het om te sien dat hierdie lyding wat ek nou deurmaak alleen sin en betekenis kan hê as ek dit kan verbind met die lyding wat Jesus moes deurmaak. Dat ek ten spyte van hierdie groot trauma my oog net op Jesus moet hou en nou meer as ooit al die rolle wat God vir my gegee het, nog beter moet vervul. God was in elke vriendin wat net daar was, my na die chemo-behandelings toe vervoer het, my elke dag gebel het, kos by my huis afgelaai het, stukkies vrugte vir my geskil het in die chemokamer, my tuinbedding vol gesiggies kom plant het, genesing oor my gebid het. God was in my nuwe buurvrou wat vir ons gesin gratis vakansies gereël het om net weer tot verhaal te kan kom. God was in my haarkapper, liewe Wilna, wat saam gehuil het toe my mooi lang hare in ’n korter styl gesny moes word en ’n week later heeltemal afgeskeur moes word. Wat saam met my gery het om die beste pruik uit te soek … Ons dien ’n lewende God. “Here, moet ons dan eers deur ’n krisis gaan om U teenwoordigheid te ervaar?” Ja, wanneer alles in ons lewe glad verloop ,is dit baie moeilik vir God om ons denke te verander, om aan ons menswees te kom skaaf ,om ons verhoudinge te toets, om ons geloof te suiwer. Eers as ons ’n krisis beleef, moet al die jare se lippetaal en gebrabbel oor ons geloof en godsdiens ’n werklikheid word, dit moet vir ons begin werk … of dalk nie … “God, ek loof en prys U vir hierdie kanker in my lewe! Dankie dat ons dit heel toe-val- (die)- lig uitgevind het. Dankie dat ek hierdeur kon uitvind dat ek net een absolute verwysingspunt het, naamlik Jesus Christus! *** SMS van Isolde: “Ry vanoggend skool toe. Als darem so mooi groen na die reën. Laat my dink aan nuwe lewe, nuwe gesondheid, nuwe afwagtings en nuwe blessings vir jou en my. As ons gevoed word, sal ons groei!” Vandag, ’n jaar later, kan dokters geen spoor van enige kankersel in my liggaam sien nie! Ek gee al die eer aan Hom! 1 Oktober 2016 Dit is nou 10 jaar later. Ek voltooi hierdie storie. Twee jaar na my kanker (vier chemo’s en ek is 40 jaar oud. Wat is die kanse?), raak ek swanger met Misha, die dogtertjie wat ek en Gerhard nog altyd wou hê! Misha is vandag 7 jaar oud, ek is ’n maatskaplike werker wat spesialiseer in Ouerskap en staan elke dag in verwondering oor my nuwe lewe.
http://www.rooirose.co.za/borskanker-n-deel-van-lewensreis/
2016-10-06 14:17:22
Skoolhuiswerk: wat ouers kan doen
*Hierdie is ’n uittreksel uit die artikel “Huiswerk-tameletjie” wat in die Oktober 2016-uitgawe van rooi rose verskyn het. Wat ouers kan doen Skep huiswerkroetines wat kan werk: • Bepaal ’n daaglikse tyd spesiaal vir huiswerk, voordat die kind te moeg is. As die kind nie huiswerk het nie, kan sy vooruit werk aan take, hersien, lees of opsommings maak. Dis beter as dit elke dag op dieselfde tyd is en naweke insluit sodat dit ’n gewoonte word. • Laat jou kinders op grond van hul ouderdom genoeg tyd aan huiswerk bestee en nie veel langer of korter nie. • Leer hulle om hul huiswerk, take en aktiwiteite in ’n dagboek of weeklikse beplanner aan te teken. • Verminder afleidings: klanke, skerms, speelgoed … • Voorsien wat nodig is: ’n lessenaar op ’n stil plek met genoeg lig; toegang tot bronne via die Internet of boeke; skryfbehoeftes … • Leer hulle dis werk voor speel, maar onthou dat baie kinders ná skool eers rus nodig het voor hulle weer kan konsentreer. • Bou gereelde, maar kort pouses in. ’n Aftellerklok help kleintjies om hierby te hou. • Hou ietsie gesonds om aan te kou byderhand. Lees ook: Gee jou kind ‘n gesonde lewenstyl • Moenie die moeilikste en grootste werk vir laaste los nie. • Moenie uitstel nie, begin dadelik met take of leerwerk. • Wees ’n positiewe voorbeeld van die waarde van leer en lees sodat die kind besef leer is ’n lewenslange proses. Dit help as jy terwyl hulle werk ook in die nabyheid besig is met iets soos admin of rekeninge betaal. • Ontwikkel jou kind se algemene kennis en maak leer daagliks relevant. • Inligting oor die kurrikulum; hoe vordering gemeet word; jou kind se onderwysers, hul name, sterk punte en gebreke; die onderwysers se verwagtinge van huiswerk; onderrigmetodes; die skool se gedragsbestuur, reëls en die beloningstelsel kan baie nuttig wees en jou leiding heelwat makliker maak . • Laat met keuses soveel beheer en verantwoordelikheid moontlik aan die kind oor: wat, wanneer en hoe. • Lê meer klem op insette en pogings as op uitsette, punte en prestasie. • Moenie te veel druk plaas nie: “Doen net jou bes”, is druk! • Beperk skermtyd. Lees ook: Die Y-generasie en die einas • Help hulle kontrolelysies te maak van alles wat hulle moet doen voor hulle gaan slaap, of soggens voor hulle skool toe gaan. • Aanmoediging en belonings is doeltreffender as omkoop en straf. • Sorg vir ’n balans: reg en genoeg eet, genoeg slaap, fisieke oefening en aktiwiteite, tyd om te speel, ontspan en sosialiseer. Leer hulle van kleins af dink en doen • Moenie iets doen wat hulle self kan doen nie: eet, aantrek, take, onthou wat hulle moet inpak of doen nie. • Moenie te gou antwoord, wys of help nie. Laat hulle eers self probeer. • Laat hulle toe om foute te maak en daaruit te leer. • Vra eerder as om te sê.
http://www.rooirose.co.za/skoolhuiswerk-wat-ouers-kan-doen/
2016-10-21 11:58:43
Arbeidsterapie en psigiatriese diagnoses
Elkeen van ons het, afhangend van die stadium van ons lewe, sekere rolle en take om te vervul. Hierdie take verwys na alledaagse aktiwiteite soos werk, slaap, verhoudings, vryetydsbesteding en persoonlike bestuur en verantwoordelikhede. Die doel van Arbeidsterapie is om ’n persoon te help om hierdie rolle en take so onafhanklik en effektief as moontlik te kan verrig, om met ander woorde met optimale lewenskwaliteit te leef. Persone met stres of psigiatriese diagnoses soos gemoedsversteurings (onder meer depressie en bipolêre siekte), en angsversteurings, ondervind dikwels probleme met die hantering van hul emosies, denkpatrone, konsentrasie en motivering. Dit beïnvloed gebalanseerde en suksesvolle deelname aan alledaagse aktiwiteite negatief. Behandelings-benadering Ons psigososiale Arbeidsterapie-groepe word as deel van ’n groepsprogram in ’n psigiatriese kliniek aangebied. Binne die groep fokus ons op deelname aan ’n verskeidenheid aktiwiteite (onder andere kreatief en sosiaal), in ’n veilige en gestruktureerde omgewing. Tydens deelname beleef die kliënt sy eie potensiaal en raak hy/sy bewus van vaardighede en sterktes. Dit lei tot meer selfvertroue en verbeterde deelname aan alledaagse aktiwiteite wat hy voorheen as problematies ervaar het. In groepsterapie beleef die kliënt homself ook in interaksie met ander mense en raak dan bewus van foutiewe denkpatrone en kommunikasiestyle. Dit is vir ons belangrik om kliënte te help om op hul eie daaglikse funksionering te fokus, en dan met nuwe vaardighede toe te rus wat hul funksionering tuis positief sal beïnvloed. Ons behandel volwassenes, bejaardes, tieners en kinders as deel van ’n multi-dissiplinêre span wat psigiaters, kliniese sielkundiges en ander terapeute insluit. Kliënte word ook, na aanleiding van die behoefte, as buitepasiënte en/of individueel gesien. Arbeidsterapie kan die volgende aan ’n bejaarde, volwasse of tiener-kliënt bied: Lewensvaardighede Streshantering Gebalanseerde leefstyl Dagbeplanning Konstruktiewe benutting van vryetyd (insluitend kreatiewe aktiwiteite) Selfhandhawende kommunikasie/grense Slaaphigiëne Hantering van angs Selfbeeld Waardeklarifikasie Ontspanningsterapie Asemhalingstegnieke Ontspanningsterapie-tegnieke Sensoriese profiele Die invloed wat ’n persoon se unieke sensoriese belewenisse op sy interaksie met die omgewing en ander persone het Bestuur van chroniese pyn Kontak gerus www.otasa.co.za vir meer inligting.
http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-en-psigiatriese-diagnoses/
2016-10-05 11:17:13
Kostuin, deel 12
Nou kan jy begin met verdere afrondingswerk en aandag gee aan detail soos tuinpaadjies en ander vloerbedekkings om die grond in jou beddings te beskerm. Paadjies Nadat jy soveel moeite gedoen het met grondvoorbereiding, wil jy nooit as jy dit enigsins kan verhoed daarop loop nie. Jou beddings is nou goed deurlug sodat kosbare water die grond in die bedding binnedring en daar bly, en verder dat die wortels gemaklik in die ongekompakteerde grond kan ontwikkel om dieper te gaan soek na kos en water. Om te voorkom dat jy nie die grond in die beddings kompakteer nie het jy paadjies nodig vir swaar verkeer vir mense wat in die tuin werk en kleiner paadjies sodat jy by die plante in die bedding kan uitkom om daarvan te oes. Hoofpaadjies vir tuinwerkers (met kruiewaens) en besoekers Dit maak sin om die hooftuinpaadjies van soliede materiaal te maak soos lateriet (gebreekte klei en sandsteen-mengsel), of plaveiblokke. Platgroeiende tiemie (Thymus ‘Pink Chinz’ of ‘Snow Drift’) werk goed tussen plaveiblokke. Hulle hou van die hitte wat die blokke uitstraal in warm toestande. Boonop het hulle baie min water nodig. #rooirosewenk As jy dit oorweeg om los materiaal soos klippies, houtsnippers, skulpies of iets soortgelyk vir paadjies met swaar verkeer te gebruik, is dit raadsaam om landskaplap daaronder te sit sodat dit nie in die grond wegsak nie. Vir die kleiner paadjies binne-in die beddings kan komposteerbare materiaal maar wegsak en help om die grond op te bou, maar klippies, skulpies en ander nie komposteerbare materiaal sou jy graag bo-op die grond wil hou. Gebruik dan ook landskaplap. Kleiner paadjies om binne die bedding te kom vir oes My gunstelingvloerbedekker vir die kleiner paadjies tussen beddings bly perskepitte of dan as alternatief houtsnippers omdat dit komposteer en deel word van die grond. ’n Mens het egter nie altyd genoeg takke en stompe uit die tuin om op te snipper vir houtsnippers nie, en bas is baie duur en meestal ook te grof vir die kostuin. Seeskulpies lyk baie mooi of selfs druiwepitte as jy op ’n plaas met ’n wynkelder bly of iemand ken wat een het! *Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal, Towerbosch Earth Kitchen @ Knorhoek Wyne en Annemé Venter dat ons daar kon foto’s neem.
http://www.rooirose.co.za/kostuin-deel-12/
2016-10-14 08:50:13
Die Boer restaurant teater, wyn en kosparing
Die Boer restaurant teater tesame met die Pinotage Assosiasie van Suid Afrika , maak saam die volgende belofte: Vir slegs R450 ALLES INGESLUIT (5 disse en 7 wyne) gaan jy een van die beter aande in jou lewe beleef! Ter viering van Pinotage-wyn, as ’n eg Suid-Afrikaanse produk, bied ABSA in samewerking met die Pinotage Assosiasie twee onvergeetlike aande aan. Proe die Beste, soos hierdie heerlike eet, proe en kuiergeleenthede bekend staan, word hierdie jaar by Die Boer Restaurant-teater in Durbanville, op 2 & 3 Nov aangebied. Bekende wynmakers soos, Beyers Truter (Beyerskloof), Etienne Louw (Altydgedacht), Abrie Beeslaar (Kanonkop) en De Wet Viljoen (Neethlingshof) sal die Pinotage Assosiasie verteenwoordig en oor hul wyne gesels en soms kom die stories met ‘n ompad by die wyn uit. . Wanneer: 2 – 3 November Waar: Die Boer restaurant teater Bespreek NOU by 021 979 1911 of 083 406 011 of aanlyn by www.dieboer.com Kaartjies beloop R450
http://www.rooirose.co.za/die-boer-restaurant-teater-wyn-en-kosparing/
2016-10-20 00:00:00
FNB Wines2Whales-bergfietswedren: die mooiste roete
Soek jy ’n opsie met byna geen verkeer in sig nie wat 13 wynplase, 26 private plase, ses berge, historiese paaie en bergpasse insluit? Dan is die FNB Wines2Whales-bergfietswedren net die ding. Dit gaan jou weliswaar ’n bietjie langer neem om die eindpunt by die karavaanpark in Onrust te bereik. Drie dae om presies te wees en 201 km. Die roete • Dag een: 68 km met 1 420 m klim • Dag twee: 64 km met 1 400 m klim • Dag drie: 69 km met 1 200 m klim Boonop kan ryers tussen drie wedrenne kies wat almal oor dieselfde afstand gery word, maar op verskillende soorte ryers fokus. Die rustiger Adventure is van 4-6 November en die Ride van 7-9 November. Die Race (11-13 November), is vir die blitsiges. Daar is net 600 spanne van twee per wedren en almal ry dieselfde roete, dis net die pas wat gaan verskil! Die ander voordeel is dat jy albei aande in dieslfde tentedorp by Oak Valley Wine Estate in Elgin-Grabouw slaap. Wines2Whales is een van die gewildstes op die jaarlikse sportkalender en fietsryers slaan behoorlik vuis om in hierdie opwindende wedren te deel. Dis geen verrassing nie, want dit moet een van die mooiste gedeeltes in Suid-Afrika wees waar jy met jou fiets kan ry. rooi rose was gelukkig genoeg om ’n inskrywing te kry en ek sal oor die volgende maand berig or hoe my voorbereidings verloop en natuurlik hoe die wedren afloop. Moet egter nie dink dis ’n Sondagskoolpiekniek nie. Kyk jy na die beeldmateriaal op die webwerf, is daar genoeg modder om ’n seekoei gelukkig te hou en gemeet aan die persentasie modder op die ryers, het hulle presies gedoen wat seekoeie doen – in die modder gerol … Daar is hope opwindende hindernisse soos laaaaang bruggies, hoë stellasies en “berm”-houtbruggies. Ek vermoed dís waar ryers modder koop. Ek is nie seker of die teenwoordigheid van wynplase in die omgewing ’n effek op mens se vaardighede kan hê nie. Die Wines2Whales is hierdie jaar in sy agste bestaanjaar en beloof om weer vet pret te wees. Besoek die webblad wines2whales.co.za vir meer besonderhede.
http://www.rooirose.co.za/fnb-wines2whales-bergfietswedren-die-mooiste-roete/
2016-10-13 09:21:53
Pukke-student laat die internet gons
Rynaard De Goede, ’n student aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het die studente-betogings oor die #FeesMustFall-probleem op ’n positiewe manier benader deur ’n video te maak waar hy vrede en liefde in die plek van betogings, voorstel. Die video, getiteld “Love overcomes”, is reeds meer as 11 000 keer op YouTube gekyk, meer as 300 000 op Facebook en meer as 10 000 gedeel. Rynaard gebruik die woorde: “Love does not cause division. Love does not label. Love does not decimate. Love knows no boundaries. Love overcomes all. #JustLove” om die video te verduidelik. Die video skop af met Rynaard wat ’n naambord buite een van die klasse op kampus neersit en studente uitnooi om gratis drukkies te kry. Kyk na die hartroerende video hier: Jy sal ook hou van Ritalin se onwettige gebruike
http://www.rooirose.co.za/pukke-student-laat-die-internet-gons/
2016-10-21 10:03:17
Wat mans by ons oor seks wil weet
Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g’n werk nie, die lekkerste maniere en die regte hoeveelheid, alles wonderlik … vir altyd en ewig. In werklikheid sit ons met vrae waaroor ons te skaam is om openlik te wees. Ons sal dalk ons dokter vra, of ’n artikel daaroor lees of op die Internet rondloer, maar met ons maat gesels? Aikôna. Dalk is dit hoog tyd. Daarom gee ons die keer mans – al is dit net drie – kans om namens al die Adams hul vrae te vra aan: Emma, ’n tuisteskepper met drie kinders en nege jaar se getroude lewe as ondervinding; Lila, ’n kunstenaar wat op 51 en ná dertig jaar se getroude lewe weet waarvan sy praat; Tia, ’n weduwee wat met die perspektief van afstand kan praat en dr. Etienne Kok, Gautengse seksuoloog van die Departement Urologie aan die Universiteit van Pretoria en die Steve Biko Akademiese Hospitaal. Hier’s die vrae – en antwoorde – waarby jy en jou maat waarskynlik iets sou kon byvoeg. Leon, predikant Is ek genoeg van ’n man vir jou? Beïndruk my fisieke aanbod jou? Emma Dit klink vir my asof dit vir mans baie belangriker ís as vir vroue. My liefde is regtig blind as dit by grootte kom. Tia Ja, jy is. Dis mos hoekom ek met jou getrou het. Ons vroue is gans te suinig met ons komplimentjies. Ons moet ons mans so laat verstaan dat hy dit weet. Jy kan deur jou gesigsuitdrukking beïndruk lyk, of met ’n grappie of ’n troetelnaampie sê “man, jy’s indrukwekkend!” Lila Ja, ek hou daarvan dat hy manlik optree én lyk. Veral toe ek jonk was, wou ek sy ereksie bewonder en voel hy is entoesiasties. Maar aksie is vir my eintlik die hoogtepunt. As jy dit so aanpak, is jy mans genoeg vir my – groot of nie. Dr. Etienne Vroue staan nie in ’n verhouding met ’n penis nie maar met ’n mens wat toevallig ’n penis het. Vroue los of skei buffels, nie mans wat nie man genoeg is in die penisgrootte-departement nie. As jy ’n hand en ’n mond het, het jy nie eens ’n penis nodig nie. Dis eintlik net ’n ekstra seksuele orgaan. Ek weet vroue hou nie van porno nie maar hoe warm is net reg? Dirty Dancing? Die titel Wild Things doen dit al klaar vir my. Kan ek ’n warm DVD saam met jou kyk en hoop daar kom iets van? Emma Dis nie vir my so prikkelend nie, maar ek het nie eintlik besware nie. Tia Ja, dis lekker om na kookwaterflieks te kyk, spesifiek saam met iemand. Maar help planne maak dat die kinders daardie aand uitslaap. Ek wil nie verleë voel voor hulle – of gepla word nie. Lila Ek’s ’n hopelose romantikus! Daar sal beslis iets van kom as dit ’n visueel mooi fliek is – miskien eerder “mooi, romanties en sensueel” as baie eksplisiet en seksueel. Dalk iets soos Captain Corelli’s Mandolin of The Bridges of Madison County. Dr. Etienne Vroue wil identifiseer met dit wat visueel uitgebeeld word. Daarom is die meeste eksplisiete sekstonele gewoonlik vir hulle minder stimulerend as romantiese beeldmateriaal. Kies jou DVD oordeelkundig, met die klem op iets romanties en met ’n paar bietjie stout oomblikke, eerder as iets konkreets en deurentyd seksueel. My vrou sê ek moet wag tot sy lus is. Dit voel vir my na ’n wat-was-eerste-die-hoender-of-die-eier debat: Sy gaan nie lus raak tensy ek haar lus maak nie, maar ek mag nie aan haar raak tensy sy lus is nie. Hoe kan ek jou lus maak sonder om aan jou te raak? Emma Lus word nie bereik met fisieke kontak nie. Humor, komplimente en bedagsaamheid is belangrik in die proses van lus word. As ek geliefd voel, is ek beslis meer geneë. Tia Tawwe ene dié. Jy moet maar verskillende maniere probeer en my dalk ook vra waarvan sal ek hou – it takes two to tango. Lila Komplimentjies is vir my die towersleutel. Maar komplimente is nie “ek is lus vir seks en jy is mos my vrou” nie. Komplimente gaan daaroor dat ek vir jou mooi lyk, lekker ruik, snaaks is, jy my kos waardeer, dit lekker is om net naby my te wees, jy graag met my gesels, dat jy gaaf met my is en my help en klein goedjies doen soos om my rug te vryf sonder om seks direk in ruil daarvoor te verwag. Dr. Etienne Vroue verskil, jy moet uitpluis waar jou vrou inpas. Party het ’n spontane behoefte aan seks, soek toenadering en reageer positief daarop. Party vroue moet behoorlik die hof gemaak word voor hulle lus word vir seks. Nog ’n groep sal instem omdat hulle ’n behoefte aan emosionele nabyheid het, al is hulle nie spesifiek lus nie. In die proses van vaardige stimulasie raak hulle lus en geniet dit. Mans moet ook nie op die ashoop gaan sit en verwerp voel as hulle maat nie in die bui vir seks is nie. Dit beteken nie dat sy hom nie liefhet of van hom hou nie. Dit beteken net “nie nou nie”. Reghardt, boer Moet ek met jou praat tydens seks? Wat wil jy hoor? Emma Nee, net as dit ’n gesprek is wat natuurlik vloei, nie ’n vooraf uitgedinkte monoloog nie. Dit klink baie pretensieus as jy soos in flieks praat. Tia H’m … mooi woordjies en kreune en steungeluide, asseblief. Lila Nee wat, dade maak woorde oorbodig. Dr. Etienne Seks is nie ’n sportuitsending met bal-vir-bal kommentaar nie. Maar sommige vroue hou van meer verbale seks. Hoe hou ek jou van my lyf af? Grappie! Hoe kry ek jou om meer gereeld lus te wees? Emma Libido taan soos wat die eise in vroue se lewe toeneem. Ek sien om na drie kinders, en jy moet dit asseblief in ag neem. Maar as jy bedagsaam en liefdevol is, sal ek soveel as wat ek kan. Tia Hoe meer jy my help, hoe meer seks kry jy daaruit! Moegheid is die hoofrede hoekom vroue minder meedoen. Lila Vroue het baie om saans te doen. Dis kos maak, die volgende dag se skoolklere regkry, alles regsit sodat elkeen se planne vir die volgende dag vlot, help met huiswerk, seker maak dit gaan goed met die oupas en oumas en kinders wat reeds uit die huis is. Ek’s uitgeput teen slaaptyd. As jy handjie bysit, is daar meer tyd oor vir sommer net ontspan, wat my meer toeganklik maak – gewaarborg! Dr. Etienne Ek kan maar net “amen” sê. Pasop dat jy as man nie seks gebruik om spanning te ontlaai nie. Wys haar dat jy haar liefhet en nie hoofsaaklik as jou bedmaat sien nie. Goeie seks begin met “goeiemôre”. Waar sit daardie G-kol? Beleef jy hom elke keer? Is seks lekkerder as ek hom aangeraak het? Kan seks lekker wees vir jou as ek hom nie kry nie? Wat dink jy van avontuurliker tegnieke? Emma Watter kol? Nog nooit met hom kennis gemaak nie! Natuurlik is die G-kol onnodig. Ook nie allerlei posisies nie – hoewel ek dit sal waag as ek energie daarvoor het en nie my rug verstuit nie. Tia Iewers, ek weet nie. Ja, meestal. Ja, beslis! Ja, ook. Hmm, dit hang af van wat … en waar. Lila Ek dink die G-kol word oorskat. Daar is beslis baie ander “kolle” wat net soveel plesier gee. Dr. Etienne As jy seks wil maak, het jy kolle, plekke, tegnieke en posisies nodig. As jy liefde wil maak, het jy net twee mense nodig. Die belangrikste, sensitiefste en kompleksste seksorgaan is die brein; die grootste is die vel en ’n vrou se mees erogene sone is haar hart of emosie. Fokus daarop, eerder as op die G-kol. Ernst, besit ’n selfoonwinkelgroep Hoe baie pla my maag jou tydens seks? Emma Hoe baie pla myne jou? Ek dink vroue is baie meer emosioneel as fisiek ingestel. Solank die verpakking aangenaam versorg is, is die vorm daarvan nie so belangrik nie. Tia As hy groot is, pla dit beslis. Maar die vrou s’n moet ook nie pla nie. Lila Glad nie. Ek is ook nie meer wat ek dertig jaar gelede was nie en is eintlik verlig dat ek nie al een is wat tekens van die jare dra nie. Dr. Etienne Jou groot maag pla haar nie soseer tydens seks nie maar dit maak haar bekommerd oor jou gesondheid. Oorgewig, gebrek aan oefening en stres kan deel wees van die metaboliese sindroom en ’n testosteroontekort. Dit laat ’n man al jonk-jonk sukkel met ereksies en maak jou ’n kandidaat vir ’n hartaanval. Werk aan jou maag nie vir seks nie maar om al die ander redes … met seks as jou bonus. Ek kan deesdae seks in die week uitsny. Maar as ek nie wil nie, dink my vrou ek dink sy is vet of ek gee nie om nie. Al waaroor dit gaan, is dat ek moeg is. Of dalk is ek net nie meer so “aktief” soos tevore nie? Gaan jy minder van my dink as ek seksueel afgaan? Emma Ek is nog nie heeltemal daar nie, maar dit pla my al klaar glad nie om seks vir die naweke te “spaar” nie. Wees net eerlik oor die saak. Tia Ek wonder hier: gaan dit oor verlei of “verlui?” Mans is selde te moeg. Seks gee hulle dan energie. Moet jou vrou dalk aan ander planne dink om jou te verlei? Daar is mos medisyne beskikbaar vir as jy “te lui” is? Lila Dit word ’n frustrasie as seksuele behoeftes verskil. Toe ek en my vriendinne jonk was, het ons gekla omdat ons mans so baie keer wou. Maar ek weet van ’n hele paar huwelike waarin die bordjies omgeruil het, en die vroue kla oor te min soos hulle ouer word. Wat ek eintlik mis, is die emosionele aspek van seks. Ek voel insecure as jy my nie darem soms begeer nie. Maar vir my is verbale koestering kosbaar. So, as jy my verseker van jou liefde, gaan dit soveel soos seks tel. Dr. Etienne Pasop vir telling hou. Die hoeveelheid is nie so belangrik as die hoe nie. Onthou, daar is geen ouderdomsbeperking op vry nie. Vry lekker gedurende die week sonder dat dit noodwendig in seks eindig en kom dan oor die naweek bymekaar uit. Was dit lekker vir jou? Ná al die jare weet ek nog nie of jy dit regtig geniet nie. Sy sê ek moet uit haar liggaamstaal aflei hoe sy dit ervaar. Emma Ek is seker dat as jy regtig luister en op haar ingestel is, sal dit vir jou duidelik wees. Tia Vroue moenie te skaam wees om hul mans te prys nie. Vertel hom hoe lekker dit was. En jy kan ook mos sien of ek dit geniet, soos as ek papnat gesweet is. Lila Die intensiteit van my orgasme of genot behoort vir jou ’n aanduiding te wees. Dis nie nodig dat ek terugvoer gee nie. As dit vir my lekker was, wil ek ná die tyd styf teen jou lê en vasgehou word – dis liggaamstaal vir “dit was great”. Dr. Etienne Seks is nie ’n toets waarvoor jou maat jou punte gee nie. Fokus op genotvolle saamwees. Moenie probeer raai waarvan jou maat hou nie. Wees bewus van mekaar en, as julle nie praters is nie, rig en wys mekaar met ’n vinger, hand of gebaar na die plekke of dinge wat lekker is of dit lekker maak.
http://www.rooirose.co.za/wat-mans-ons-oor-seks-wil-weet/
2016-10-18 09:08:45
Fluisterfrustrasies
Na ’n tawwe, propvol derde kwartaal, besluit ek en die ou man om Saterdagaand die kans te benut om Ouma en Oupa te laat kinders en babahond oppas. Kan nie onthou wanneer laas ons kon uiteet én fliek nie en ons het dit met oorgawe gedoen. Sondag staan ek met ’n effense seer keel op en drink maar al om die ses uur ’n sluk griepdoepa. Maandagoggend voel dit asof ek ’n bak duwweltjies ingesluk het. Daar kom net ’n geforseerde fluisterkwaak uit my keel – en toe niks. Lekker ou laringitis. Boonop op die eerste weeksdag van die kort wekie skoolvakansie. Die kinders kyk my geamuseerd, dog simpatiek aan. Die hond knor vir my en byt my tone. Ek voel soos ’n vis op ’n rivierwal. Mond oop, mond toe; geen klank nie. Dinge wat ontvou as ’n ma met laringitis opstaan: * Die bejaarde kat grom en blaas as jy beduie hy moet optstaan, jy wil bed opmaak. Gewoonlik berei jy hom voor met woorde soos: “Nog vyf minute lê, dan moet ons opstáán … Maar, dan kan jy weer lekker kom lê …” Nou is hy sissende en siende blind vir jou paaiende handgebare. * Die kinders hoor ten spyte van definitiewe handgebare nie hulle moet beddens opmaak en kamers opruim nie. *Die hond blaf vir jou, want fluister klink soos ’n baie lekker nuwe speletjie. *Die hond piepie op die gang- en kombuisvloer want jou gefluister klink baie soos die psss-psss-geluid waarmee jy haar al vir twee en ’n half weke á là Pavlov kondisioneer om ’n draai in die tuin te loop. * Die Checkerskassier giggel senuweeagtig want hy verstaan nie hoekom jy geheimsinnig fluister dat jy asseblief ’n sakkie wil hê nie. * Mense wat jou stormloop en groet in die mall, lyk afgehaal omdat jy nie ewe luidrugtig en sprankelend teruggroet nie. * Die DriveThru-assistent lyk ietwat geskok as jy vra vir ’n “Number 2” omdat dit net makliker is as om die gemorskosete se uitgebreide naam te probeer fluister. * Die wassery-eienaar knik instemmend as jou kind verduidelik dat sy asseblief die strykgoed moet aflewer laatmiddag. Die strykgoed het 18 uur later egter steeds nie opgedaag nie. * Jou selfoon lui en lui en lui, want jy kan nie antwoord sonder ’n stem nie. En, as die persoon nie op WhatsApp is nie, kan jy met die nuwe selfoonpakket wat geen SMS’e het nie, ook nie die persoon laat weet waarom jy nie antwoord nie. * Die nors buurvrou wat reeds vir twee jaar van mening is dat jy haar opsetlik ignoreer as sy met die kerk se kollekteerlyste voor die hek staan terwyl jy stofsuig en nie die klokkie hoor nie, loop gelukkig weer ’n wye draai om jou hek. Om fluisterend aan haar die stemsituasie te verduidelik, sou dalk net haar “jy is vreemd”-vermoedens bevestig. Die enigste pluspunt na ’n lang dag van fluisterfrustrasies, is dat jou ander helfte nie hoor as jy laataand vanuit die TV-kamer fluister dat jy later die kombuis sal kom opruim, hy kan maar gaan slaap, nie. Dan maak jy laatnag in jou reeds skoon kombuis vir jou ’n koppie tee met net genoeg heuning om die seer stembande te lawe, maar nie die stem heeltemal te herstel nie. Fluister het sy voordele.
http://www.rooirose.co.za/fluisterfrustrasies/
2016-10-06 11:40:18
Eet reg vir jou oë
Volgens ’n onlangse studie deur die Okulêre Voedingsvereniging in die Verenigde State, is visie vir vier uit vyf mense tussen die ouderdom van 40 en 65 jaar die belangrikste sintuig. Meer as 50% van die studie se deelnemers het gestem dat swak sig hulle die meeste bekommer – amper net soveel soos hartsiektes (60%) en kanker (65%). Dit kan maklik wees om jou oë as vanselfsprekend te aanvaar en om hierdie belangrike organe se gesondheid gedurende die dag te benadeel. By die werkplek en selfs op die sportveld word jou oë gereeld aan onnodige gevare blootgestel. Om eenvoudige oogsorggewoontes deel van jou daaglikse roetine te maak, is makliker as wat jy dink. Oogsorgstudies die afgelope 20 jaar verbind ook gesonde eetgewoontes met ’n verlaagde kans tot ouderdomverwante makulêre-degenerasie. Hierdie toestand affekteer die kwaliteit van jou sentrale visie. Die studies toon dat ouderdomverwante visieprobleme verhoed kan word deur voedingryke kosse wat sink, luteïen, zeaxanthin, vitamiene C en E en omega 3-vetsure bevat, gereeld by jou dieet in te sluit. Mellins i-Style, een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir ’n gesonde dieet vir goeie visie: Sink Sink is een van die mees gekonsentreerde minerale in die oog. Dit werk ook as as ’n ‘molekuulhelper’ of ‘vervoermineraal’ omdat dit vitamien A vanaf die lewer na die retina help vervoer. Dié vervoerproses is noodsaaklik vir die produsering van melanien, ’n beskermende pigment in die oog. Spinasie, pampoensade, neute en sjokolade is goeie voedingsbronne van sink. Luteïen en Zeaxanthin Hierdie voedingstowwe kan moontlik jou kanse op chroniese oogsiektes verminder, insluitend om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en katarakte, te ontwikkel. Katarakte veroorsaak wasigheid in die oog wat dit moeilik maak om te sien. Maak seker jy eet baie groen blaargroentes en moenie skaam wees om aan ’n vullende ontbyt met eiers weg te lê nie – eiers is ryk aan beide luteïen en zeaxanthin. Vitamien C Vitamien C is belangrik omdat dit die moontlike ontwikkeling van katarakte beveg. Wanneer dit saam met ander noodsaaklike bestanddele ingeneem word, kan vitamien C ook help om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en die verswakking van visie te verhoed. Hou by die vyf-porsies-’n-dag reël om genoegsame vrugte en groente in te neem. Vitamien E Vitamien E is ’n sterk antioksidant wat oogselle en -weefsel teen vrye radikale beskerm. Dit kom in neute en patats voor. Vetsure (Omega 3) Nog ’n goeie rede om vette by jou dieet in te sluit, is vir die instandhouding van die senuweestelsel wat ook belangrik is vir die ontwikkeling van goeie visie en goeie retinale funksionering. Voeg vis soos sardientjies of tuna by slaai en toebroodjies, kikker soutbeskuitjies en ryskoekies op met ’n geurige avokadosmeer, of begin jou dag deur vlassaad by pap of muesli te voeg.
http://www.rooirose.co.za/eet-reg-vir-jou-oe/
2016-10-03 06:00:16
ADHD verswak bestuursvernuf
“Navorsing spreek vanself. Mense wie se ADHD nie behandel word nie, het die risiko om meer ongelukke te veroorsaak. Bestuur vereis dat ’n mens meer as een taak gelyk moet doen en mense met ADHD kan daarmee sukkel. Dit skep nie net gevaar vir hulself nie, maar ook vir passasiers en ander padgebruikers,” sê sy. ADHD raak ongeveer 4-5% van alle volwassenes en dit het gewoonlik drie kernsimptome: onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. ’n Persoon met ADHD kan agter die stuur meer geneig wees tot swak konsentrasie, afleibaarheid, om te vroetel, vergeetagtigheid, ongeduld en emosionele uitbarstings. ’n Britse studie het bewys dat mense met onbehandelde ADHD agt keer meer geneig is om ’n opskorting van hul lisensies te kry. Hulle is drie keer meer geneig tot herhaalde oortredings en vier keer meer geneig om die skuldige in ’n ongeluk te wees. Hulle kan tot sewe keer meer geneig wees om ’n geskiedenis van verskeie ongelukke te hê. Volgens Liebenberg skep onbehandelde ADHD ook ’n risiko vir padwoede. “Die persentasie van die bevolking wat meer as een spoedkaartjie in ’n tydperk van twaalf maande kry, is ongeveer 17%, maar by volwassenes met onbehandelde ADHD kan dit 25% wees.” Weens impulsiwiteit kan hulle beheer oor hul humeur verloor, betrokke raak by konfrontasie of geïrriteerd raak in die verkeer. “Ek het al pasiënte met onbehandelde ADHD gehad wat vensters uitgeslaan het of ’n ander bestuurder aangerand het,” sê Liebenberg. “Dit plaas hulself, passasiers en ander padgebruikers in ernstige gevaar.” Met die regte behandeling kan die risiko’s verminder word – indien die medikasie korrek gedoseer is. Liebenberg is gekant teen behandeling wat teen die middag uitgewerk is wanneer die persoon huis toe bestuur en in die verkeer gefrustreerd en verward kan raak. “’n Langwerkende, volgehoue behandeling werk die beste om die simptome van ADHD deur die dag te bestuur en om te verseker dat die persoon veilig huis toe ry,” sê Liebenberg. Vir meer inligting oor ADHD, besoek MyADHD.co.za. As jy met ’n kenner oor ADHD wil praat, stuur ’n e-pos aan [email protected].
http://www.rooirose.co.za/adhd-verswak-bestuursvernuf/
2016-10-06 14:32:21
Nektarien-en-murgpampoentjie-slaai
Genoeg vir 6 5 groot murgpampoentjies, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repe gesny 5 nektariens, in wiggies gesny 45 ml (3 e) olyfolie sout en gemaalde swartpeper 50 g parmesaanskaafsels 30 ml (2 e) truffelolie (opsioneel, want dis vrek duur, maar dit maak die slaai spesiaal, kry dit by Woollies) 1 Plaas die murgpampoentjies, nektariens en olyfolie in ’n mengbak en geur met sout en peper. 2 Verhit ’n riffelpan en rooster die murgpampoentjies en nektariens aan albei kante. 3 Pak op ’n mooi opdienbak. Sprinkel die parmesaanskaafsels en truffelolie oor.
http://www.rooirose.co.za/mooiste-nektarien-en-murgpampoentjie-slaai-2/
2016-10-17 14:22:03
Byron Katie se "The Work"
Vir ’n sestigjarige is Byron Katie onbehoorlik aantreklik; vir ’n suksesvolle selfhelpskrywer uit Kalifornië verfrissend aards. Ek sien haar vir die eerste keer in die Great Hall by die Universiteit van die Witwatersrand, eenkant in die voorste ry. In ’n donkergrys romp en bloes met ’n roomwit pasjmina oor haar linkerskouer is sy die toonbeeld van rustigheid terwyl honderde Suid-Afrikaners die saal volpak. Almal het gekom om haar werkwyse te beleef, party in die hoop dat hulle as vrywilligers saam met haar op die verhoog deur haar vier indringende vrae – The Work – sal werk. Want The Work, weet haar aanhangers, is sielsbevrydend. Sedert 1986 het duisende mense in meer as 30 lande dit hul eie gemaak. Dis moeilik om The Work te omskryf. Jy moet dit sien ontvou of self doen. Dis nog moeiliker om te sê waarom The Work so gewild is. Miskien het dit met die eenvoud en toeganklikheid te doen – geen voorafkennis of filosofiese agtergrond is nodig nie, en dit sluit gemaklik by enige agtergrond, geloofsraamwerk of probleemsituasie aan. In ’n neutedop is The Work ’n metode wat jou denke oor ’n pynlike lewenskwessie bevraagteken en jou na selfinsig en aanvaarding van “dit wat is” – die werklikheid – lei. Die werkwyse Wanneer dit tyd is dat haar daglange optrede begin, verwelkom Katie, soos sy genoem word, die gehoor. Sy gee nie ’n lesing nie, nooi almal net om die Oordeel jou naaste-werkvel wat uitgedeel is, te voltooi. Daarop moet jy “iemand wat jy nog nie heeltemal vergewe het nie,” se sondes teen jou beskryf. Deur ses punte moet jy sê presies wat jy van hulle dink, hoe hulle behoort te verander en wat jy nóóit weer as gevolg van hulle wil deurmaak nie. “Wees so veroordelend soos jy wil,” sê Katie. “Jy kan later diep en ‘spiritueel’ wees. Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie – net jou eie.” ’n Vrou in die gehoor begin huil. “Ek is bang om my gevoelens neer te skryf.” Katie vra ’n opgeleide helper om haar eenkant te neem. “Sy was ook eers bang om die werkvel in te vul,” troos sy met haar kenmerkende deernis. Wanneer almal klaar geskryf het, stap die eerste vrywilliger verhoog toe. Sy vrou is besig om van hom te skei. Op sy werkvel het hy geskryf sy vrou respekteer hom nie en behandel hom kil wanneer sy hul dogtertjie kom haal. “Is dit waar dat jou vrou jou nie respekteer nie?” vra Katie haar eerste vraag. “Dis hoe dit voel,” sê hy. “Weet jy bo alle twyfel dis waar dat sy jou nie respekteer nie?” “Nee,” sê hy ná ’n rukkie. “Hoe reageer jy op die gedagte dat sy jou nie respekteer nie? Hoe reageer jou lyf?” “Daar’s ’n pyn in my bors en my keel trek toe. Ek word angstig. En kwaad.” “Hoe behandel jy jou vrou as jy so voel?” “Formeel. Ek praat met haar of sy ’n vreemdeling is.” “Kolskoot,” sê Katie. “Jy behandel haar kil.” Die man begin lag. “Net wat ek oor haar geskryf het.” “Gestel die gedagte dat jou vrou jou nie respekteer nie, sou glad nie by jou opgekom het nie. Vra jou af: Wie sou jy sonder hierdie gedagte wees?” “Meer ontspanne,” sê hy. “Kan jy aan ’n stresvrye rede dink om aan dié gedagte vas te hou?” “Nie ’n stresvrye een nie,” skud hy sy kop. “Maak jou oë toe en sien jou vrou voor jou. Hoe sou jy haar sonder dié gedagte behandel?” “Gemakliker,” sê hy. “Soos ’n gewone mens.” “Nou kom ons by die ommeswaai: kyk op hoeveel maniere jy die stelling, ‘My vrou respekteer my nie,’,kan omkeer.” “My vrou respekteer my,” waag hy. “Voel dit waar?” “Ja, sowaar. Ek weet sy is tevrede met hoe ek ons dogtertjie versorg.” “Nog ’n ommeswaai van die oorspronklike sin. Begin met ‘Ek’.” “Ek respekteer myself nie. Dit is so. Ek is altyd ontevrede met myself.” In dié trant bevraagteken Katie elke stelling op die werkvel. Sy praat reguit, maar altyd met begrip en respek. Soms laat haar kwinkslae die gehoor skater. Ander kere vee almal trane af. Die stroom vrywilligers droog nie op nie: Katie werk met iemand wat as kind mishandel is, ’n vrou wat haar sig verloor het, een wat aan dagga verslaaf is, ’n man met kanker, een wat hom oor sy ma bekommer, ’n vrou wat haar lyf verafsku en ’n verlamde meisie wat met haar gestremdheid stoei. Een of twee beantwoord nie regtig haar vrae nie en sy laat hulle gouer gaan. Dié wat oop is vir The Work, het nuwe begrip vir hul “skuldenaars,” insig in hul eie aandeel aan pynlike situasies en ooglopend meer vrede. ’n Pynlike proses Katie noem dit nie een keer tydens haar optrede nie, maar The Work het in merkwaardige omstandighede ontstaan. Sy beskryf dit in haar boek, Loving what is. In 1986 was Katie ’n 43-jarige eiendomsagent in ’n klein dorpie in die woestyngebied van Suid-Kalifornië. Sy was met haar tweede man getroud en ma van drie. Haar jare lange depressie was teen daardie tyd so erg dat sy weke lank in die bed gebly en net oor die telefoon sake gedoen het. Soms kon sy nie eens bad of tande borsel nie. Uit vrees vir haar woedeuitbarstings het haar kinders haar vermy. Katie het 91 kilogram geweeg, engtevrees gehad en in alkohol en pynstillers troos gesoek. Sy was só wantrouig dat sy soms met ’n gelaaide geweer onder die bed gaan slaap het. Ten einde raad het sy haar versekeringsmaatskappy gebel. Hulle het haar na ’n sentrum vir vroue met eetversteurings verwys. Daar moes Katie in die solderkamer slaap omdat die ander pasiënte vir haar bang was. Sy het op die grond geslaap, want sy het gevoel sy is nie ’n bed werd nie. Een oggend het sy wakker geword sonder dat sy geweet het wie sy was. “Al my woede, al die gedagtes wat my gery het, my ganse wêreld, was weg. Daar was net vreugde, en ek het gelag” Alles was onherkenbaar. Dit was asof iets anders wakker geword en deur my oë gekyk het. Hierdie ‘iets’ was een met alles.” Op daardie oomblik het die vier vrae by haar opgekom (sien onder). Kort daarna het sy haarself uit die sentrum ontslaan. Katie se gesin het nie geweet wat haar getref het nie. Sy kon aanvanklik niks van haar verlede onthou nie. Sy het ophou vleis eet omdat dit haar tong laat bloei het. Sy het vanself 34 kilogram verloor en ure lank gemediteer, soms in die woestyn. Die woestyn is haar leermeester, sê sy. “Daar het ek geleer dat alle stresvolle gedagtes óú gedagtes is: ‘niemand verstaan my nie.’ ‘Ek dien geen doel nie.’ ‘My kinders dink ek is ’n slegte ma.’ In die woestyn het ek gedink ek sal verdwaal of van dors omkom, en dan besef dis nie waar nie. Ek het ’n verskriklike vrees vir ratelslange gehad en gedurig verwag een sou my byt. Uiteindelik het ek geleer die verskrikking lê in my gedagtes – nie in die werklikheid nie. Dis die ‘storie’ wat ek vir myself oor die ratelslange vertel het wat my geteister het. “Die werklikheid is nooit so erg soos ons gedagtes oor die werklikheid nie. ’n Gedagte kan so angswekkend soos ’n slang wees, maar sodra jy dit ondersoek, sien jy dit was al die tyd net ’n tou. Dan maak dit jou nooit weer bang nie.” Mettertyd was daar ’n toeloop van mense na die gesin se huis. Katie het almal verwelkom en hulle geleer om die vier vrae en die ommeswaai te doen. In 1992 is sy na Noord-Kalifornië genooi, en van daar het The Work soos ’n veldbrand versprei – na hospitale, tronke, kerke, skole, besighede en ander lande. Vandag is The Work gevestig as The Work Foundation en Byron Katie International. The Work Foundation is ’n nie-winsgewende organisasie wat die metode wêreldwyd versprei. Optredes is gratis, of kos baie min. Byron Katie International, daarteenoor, is ’n winsgewende organisasie wat onder meer haar boek, video- en oudiomateriaal verkoop. Katie se tweede huwelik het onder die veranderings in haar persoonlikheid en leefwyse geswig. Sy is geskei en ’n paar jaar gelede met Stephen Mitchell, skrywer, vertaler en medeskrywer van Loving what is getroud. Sy is meestal met The Work op die pad en neem sover moontlik alle uitnodigings aan. Krities beskou, bly Byron Katie ’n raaisel. Sy het geen opleiding in die sielkunde, teologie of enige terapievorm nie, tog help sy wêreldwyd mense om heel te word. Noem iemand haar ’n leermeester of verligte, lag sy net: “Ek is bloot ’n vrou wat weet wat seer maak en wat nie. Om stories oor die werklikheid te vertel, maak seer. Om die werklikheid te aanvaar, bring vryheid en liefde. Ek vra maar net die regte vrae.” Daar’s werk The Work is geen kitsoplossing nie. Gereelde werksessies gee die beste resultate. Party mense doen dit alleen (Loving what is verduidelik hoe), terwyl ander groepe stig of by opgeleide helpers aanklop. Die “Oordeel jou naaste”-werkvel Beantwoord die vrae reguit en eerlik. Herleef die woede of pyn van die verlede ten volle. Wie laat jou woedend, teleurgesteld of verward voel en hoekom? Wat is dit omtrent hulle waarvan jy nie hou nie? Hoe moet hulle verander? Wat moet hulle doen? Wat behoort hulle te doen, wees, dink of voel? Wat is jou raad aan hulle? Verlang jy iets van hulle? Wat moet hulle doen sodat jy gelukkig kan wees? Wat dink jy van hulle? Maak ’n lys. Moet hulle nie spaar nie. Wat wil jy nooit weer deur hul toedoen ervaar nie? Die vier vrae Pas die vrae op elke stelling op jou werkvel toe. Luister na jou binneste; kry jou eie antwoorde – nie iemand anders s’n of dit wat jy geleer is nie. Is dit waar? Weet jy bo alle twyfel dis waar? Hoe reageer jy wanneer jy hierdie gedagte dink? Wie sou jy sonder hierdie gedagte wees? Die ommeswaai Draai jou oorspronklike stelling op ’n paar maniere om, ruil die name of gebruik die negatiewe vorm. Voel die alternatief vir jou net so waar, of waarder, as die oorspronklike? Begin nommer 6 op die werkvel met: “Ek is gewillig om … ” of “Ek sien daarna uit om … ” Jy ervaar dit dalk weer, al is dit net in jou kop. As die gedagte jou gespanne maak, is jy nog nie klaar met The Work nie. *Uit ‘Loving what is: Four Questions that can Change your Life’ deur Byron Katie en Stephen Mitchell, Rider, 2002. Verwagting pleks van werklikheid Dis nie die werklikheid wat ons opdraand gee nie, sê Katie, maar ons verwagting dat dit ánders moet wees. Die werklikheid vra nie ons mening nie – wat is, is. “Mense moenie hul beloftes verbreek nie” klink waar, maar is dit? “Nee. Hoe weet ek dit? Mense verbreek hul beloftes. Dit beteken nie ek keur dit goed nie – ek besef net hoe sake staan. Sonder ’n ‘storie’ daaroor het ek meer energie om my eie beloftes na te kom. En dít doen ek omdat ek van myself hou as ek my beloftes nakom.” Wie se terrein? “Ek sien net drie soorte terreine in die heelal,” sê Katie. “Myne, joune en God s’n. Dit wat buite mense se beheer is, is in God se terrein. Baie van ons stres spruit daaruit dat ons buite ons eie terrein leef. As ek dink my man behoort harder te werk, is ek in sy terrein. As ek my oor vloede bekommer, is ek in God se terrein. Wanneer jy buite jou eie terrein leef, voel jy seergemaak en alleen: as jy besig is om iemand anders se lewe te leef – om namens hom keuses te maak – is daar niemand in jóú lewe nie. Jy is afgesny van jouself.” Wanneer jy weer gespanne of ongemaklik voel, kan jy jou gerus afvra in wie se terrein jy is, sê Katie. “Jy sal dalk uitbars van die lag. Dis mateloos bevrydend om voluit in jou eie terrein te leef. En dit maak jou vry om onvoorwaardelik lief te hê.”
http://www.rooirose.co.za/byron-katie-se-the-work/
2016-10-10 14:19:22
Wen Dynamic Vision-brille ter waarde van R2 000
Dynamic Vision, Suid-Afrika se eenstop bril-kettingwinkel, bied ’n verskeidenheid van stylvolle brille vir enige smaak. Dié feestyd kan een gelukkige rooi rose-leser ’n paar ANNY-brille en bypassende naellak ter waarde van R2 000 wen. Vir meer inligting besoek die Dynamic Vision-webblad by www.dynamicvisionsa.co.za. *Let wel: Beperkte voorraad is by alle Dynamic Vision-takke landwyd beskikbaar. Bepalings en voorwaardes Sluitdatum: 14 November 2016 Vraag: Waar gaan jy dié feesseisoen jou Dynamic Vision-bril en naellak dra? Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres * Adres * Ek het die kompetisiereëls en voorwaardes gelees en verstaan * Ja Nee Third Choice Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee Third Choice
http://www.rooirose.co.za/wen-dynamic-vision-brille-ter-waarde-van-r2-000/
2016-10-10 10:48:56
Swanger bekendes
Rolanda Marais Die bekroonde Afrikaanse aktrise verwag saam met manlief, Jozua Malherbe, hul eersteling (’n dogtertjie). Rolene Strauss Ons Mej. Wêreld, Rolene Strauss, se eersteling is op pad en sy deel gereeld die mooiste foto’s op Instagram van haar boepie. Geri Halliwell Die voormalige Spice Girls-sangeres (44), verwag haar tweede kind saam met haar man Christian Horner. Mila Kunis Die bekende Hollywood-aktrise (33), verwag saam met haar aantreklike man Ashton Kutcher, hul tweede kind, ’n seuntjie. Die paartjie het ook ’n tweejarige dogtertjie, Wyatt. Angelique Gerber-Potgieter Die Afrikaanse aktrise (van 7de Laan– en Boer Soek ’n Vrou-faam), het kort na haar troudag aangekondig dat sy en manlief, die rugbyspeler Jacques Potgieter, hul eersteling verwag. Katherine Heigl Die Hollywood-aktrise het in Junie vanjaar aangekondig dat sy en haar man, Josh Kelley, hul derde kind verwag. Die paartjie is reeds ouers van twee dogtertjies – Naleigh (4) en Adelaide (7). En raai wat is Katherine se grootste “craving” tydens haar derde swangerskap? Suiker. Sy sê haar grootste swakpunt is oliebolletjies! Eloise Cupido TV-persoonlikheid Eloise Cupido, wat in Junie vanjaar getroud is, het in September haar swangerskap aangekondig. Dit is haar eerste swangerskap. Marion Cotillard Die beeldskone 41-jarige Franse aktrise (wat onlangs verdink is van ’n verhouding met Brad Pitt en dat dit die rede is waarom hy en Angelina Jolie skei), verwag haar tweede kind saam met manlief Guillaume Canet. Andriëtte Norman Die Afrikaanse sangeres sal vroeg in 2017 vir die eerste keer ma word. Andriëtte het by hierdie foto van haar en manlief, die biokinetikus Glynn Moolman, se ongebore seuntjie, gesê: “20 weke swanger vandag.Halfpad daar.”
http://www.rooirose.co.za/swanger-bekendes/
2016-10-20 10:31:37
Kommunikasie: praat met my
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n koue oorlog, of in ’n Griekse partytjie waar die borde aan skerwe spat. “The 5 Love Languages” is ’n oulike app (laai dit GRATIS af by iTunes of Google Play), waar jy deur vrae agterkom wat jóú en jou liefie se hartstaal is. Dan help dit julle om mekaar op die regte manier te bederf. Dié wat dit probeer het, het vertel dis prettig en dit werk! Lees ook ons volle storie oor beter kommunikasie tussen mans en vroue in die nuwe rooi rose op bladsy 84 (“Praat met my”). Hier is ’n kort uittreksel: Kry dit reg • Wees bedag op mekaar se behoeftes ná werk en gun mekaar tyd om ná die dag te herstel. As jy die ekstrovert is, wil jy dalk ’n klas by die gim bywoon waar jy gesels en energieke musiek hoor, terwyl hy (die introvert) liewer alleen wil gaan hardloop, of die koerant rustig wil sit en lees. Daarna is julle gereed om saam gehaltetyd deur te bring. • Vroue kan oorsensitief wees en ’n man se stilswye persoonlik maak. Pleks van persoonlike boodskappe in sy stilswye te lees, verstaan dat hy bloot nie lus is om te gesels nie. Dis nie oor jou nie, dis net hoe hy voel. • Verduidelik hoekom jy iets met hom bespreek. “Ek het ’n oplossing vir my probleem by die werk nodig,” of “Ek is so ontsteld oor wat vandag gebeur het, ek het ’n klankbord nodig.” Gee vir hom duidelike riglyne oor wat jy van sy reaksie verwag. In die eerste geval soek jy ’n oplossing vir ’n probleem, in die tweede geval soek jy ondersteuning en probeer jy sin maak van ’n situasie deur daaroor te gesels. • Kyk of jy ’n patroon kan identifiseer as julle gedurig misverstande het. Probeer kyk wat aanleiding gee tot die konflik en probeer dit vermy. • Ja, mans hoor dit die eerste keer. Om elke keer daaroor te kla gaan niks verander nie.
http://www.rooirose.co.za/kommunikasie-praat-met/
2016-10-17 15:15:18
Veganis-vriendelike skoonheidsprodukte
Kaapse grimeerkunstenaar Gemma Dawn is ’n passievolle veganis. Sy deel haar insig oor wat die term behels en beantwoord ons vrae oor veganis-vriendelike skoonheidsprodukte. Wat beteken veganisme? Volgens The Vegan Society is veganisme ’n manier van leef waar jy so ver moontlik en prakties uitvoerbaar die uitbuiting of wreedheid teen diere vir kos, klere of enige ander doeleindes, uitsluit. Veganiste (oftewel “vegans” soos wat die Engelsman dit noem), volg ’n plant-gebasseerde dieet wat all voedsel afkomstig van diere soos vleis (ook vis, skulpvis en insekte), suiwelprodukte, eiers, heuning en ander produkte soos leer of produkte wat op diere getoets word, uitsluit. Gemma Dawn oor veganisme Dink jy veganiste moet noodwendig veganis-vriendelike skoonheidsprodukte gebruik? Absoluut! Nie net veganiste nie, maar almal wat omgee oor goedheid en ’n minder wreedsame lewe wil leef. As veganis het ek gekies om nie die slagting van diere te ondersteun nie en dit moet deur al my besluite wat ek neem duidelik wees – van kos tot kleure en skoonheidsprodukte. Wat is jou gunsteling veganis-vriendelike skoonheidsprodukte? Ek hou van Lavish Natural Skin Care en Esse. Vir grimering gebruik ek Inthusiasm – dit is aanlyn beskikbaar (klik hier). Lavish Sweet Dreams Intense Night Cream (R165) Lavish Beautiful Day Daily Face Cream (R160) Inthusiasm Mineral Powder Foundation (R250) Inthusiasm Trio Compact Eye Enhancers (R155) Inthusiasm Natural Lipstick (R125) Esse Gel cleanser (R200 vir 100ml en R310 vir 200ml) Esse Cocoa Exfoliator (R265) Hoe kyk ’n mens na bestanddele? Jy moet jou eie huiswerk doen, want al word ’n produk nie noodwendig op diere getoets nie, word van die betanddele dalk wel op hulle getoets. Ons sê: Jy gaan baie navorsing moet doen. Peta gee ’n lysie van produkte om te vermy. Selfs hier is dit moeilik om te onderskei want sommige bestanddele kan van plante of diere afkomstig wees. Al die bestanddele op die lysie is dus nie noodwendig sleg nie. Voorstelle van veganis-vriendelike produkte Nak Aromas Blonde Conditioner & Shampoo (R320 elk) Nought Intense Care Hair Care (R149,95) Noughty Care Taker Hair Care Shampoo (R149,95) Oway Volumizing Hair Bath (360) en Oway Volumizing Root Spray (R390) Eco Diva Anti-Aging Face Cream (R350) Eco Diva Anti-Aging Face serum (R415) Elli Face Serum (R420) Elli Body Oil (R380) Dr. Hauschka Soothing Cleansing Milk (R548) Dr. Hauschka Cleansing Cream (R350) Le Riche Luxe Oil Cleanser (R320) African Organics Kalahari Body Lotion (209) Team Dr Joseph Intense Revitalizing Mask (R580) Team Dr Joseph Intense Repair Well Aging Mask (R870) The Body Shop Ethiopian Deep Nourishing Mask (R300) The Body Shop Himalayan Charcoal Purifying Glow Mask (R300) SpaRitual Spring Collection Nail Lacquer (R175 elk) SpaRitual Vegan CC Crème (R265 elk) Bodyography Brushes (R125 - R580) Bodyography Flawless finish (R350) Bodyography Radiance Boost (R350)
http://www.rooirose.co.za/veganis-vriendelike-skoonheidsprodukte/
2016-10-17 05:00:24
Die Cederberg Rooibos Kunstefees
Vir diegene wat lief is vir kook, kos en wyn is daar ook ’n verskeidenheid geleenthede op die feesprogram beskikbaar. Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, se aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook lewe te blaas in raakvatstories en -beskrywings. Feesgangers kan ook aansit vir ’n heerlike Leipoldt- en Rooibos-geïnspireerde Sondagmiddagete, voorberei deur die gewilde kykNET Kokkedoor-beoordelaar, Sjef Nic van Wyk, wie se kosstyl spreek van hartlike landelike geure. Gedurende die fees sal daar natuurlik ’n kunsuitstalling by Die Kunshuis wees met die werke van kunstenaars soos Ulric Roberts, Terence Visagie, Stephen Basset, San Alive en dr. Helene de Kock. Feesgangers kan ook uitsien na optredes deur musikante soos Die Wildberries, Nic Stevens, Clanwilliam Steel Band, Michael Visser, Waldo Lotz en die kookwater Vredendal-rockers, Dobbelsteun. Wanneer: 20 – 23 Oktober Waar: Clanwilliam, Wes-Kaap Kaartjies vir die onderskeie produksies is vanaf Maandag, 3 Oktober, by die Cederbergfees-kantoor in Nancy’s Tearoom beskikbaar. Besoek gerus die Cederberg Rooibos Kunstefees se webblad by www.cederbergfees.co.za vir die volledige feesprogram.
http://www.rooirose.co.za/die-cederberg-rooibos-kunstefees/
2016-10-02 19:21:31
Jo-Ann Strauss: rr-voorbladvrou November 2016
Jo-Ann Strauss en haar man, Michael Held, se tweede spruit is in April gebore en nes dit was met ouboet Noah, nou 28 maande, gaan Jo-Ann vir Hannah ook so lank moontlik borsvoed. ‘Die heel eerste kompliment wat my man my gegee het, die aand toe ons mekaar ontmoet het, was dat ek “perfekte heupe vir kinderskry het!”’ Lees ons volledige onderhoud met Jo-Ann in die November 2016-uitgawe van rooi rose, van vandag af op die rakke!
http://www.rooirose.co.za/jo-ann-strauss-rr-voorbladvrou-november-2016/
2016-10-10 11:09:43
Tintswalo at Waterfall, Midrand: landelikheid in die stad
Voor my op die konferensietafel staan glashouers met mini-pretzels en sagte wit pepermente, en ’n beker yswater gegeur met appel- en lemoenskywe. G’n mens kan mos konferensie hou sonder ’n innerlike versterkinkie nie. Daarby word die gasheerhotel altyd fyn dopgehou om te sien of hulle die glashouers en bekers tydens teepouses volmaak. Tintswalo at Waterfall het die toets uitmuntend geslaag. Dié luukse vyfsterboetiekhotel in die Waterfall Equestrian Estate, in die hartjie van Johannesburg se noordelike voorstede, streef daarna om die perfekte balans tussen stad en platteland te skep. Die hotel is net ’n vyf minute-rit vanaf die Mall of Africa – die grootste winkelsentrum wat plaaslik in ’n enkele fase gebou is. Terselfdertyd voel jy egter ver van die stad. Jy kyk uit oor ’n groen polobaan en ’n blou dam waar ’n verskeidenheid voëls kom en gaan. Die rustigheid van die landskap wat buite lê word ge-eggo in die uitleg van die hotel. Die dubbelvolume-ruimte van rooi bakstene verwelkom jou met ’n kombinasie van leer, hout en tapyte wat jou onmiddellik tuis laat voel. Die kunswerke en snuisterye, almal met ’n perdetema, wissel van elegant tot speels; iets vir elke smaak. Omdat die hotel sentraal geleë is, was die Johannesburgse kollegas dagbesoekers. Die “rosies” uit die Kaap het oorgeslaap en die volle Tintswalo-ervaring beleef. Daar is 16 suites, elk invidiueel versier om die kleure en eienskappe van spesifieke perderasse uit te beeld. Die pad na ons harte Wie ookal vir die gebak by Tintswalo verantwoordelik is, is my nuwe held. Dis ’n kuns om croissants, muffins, Deense gebak, vlatertjies en alles wat voortkom uit botter, eiers en meel só te bak dat die geur eerder as die soetheid jou tref. Moet nooit, ooit by Tintswalo se kaaskoek verbyloop nie. Dit was van die lekkerste wat ek nog ooit geproe het. Jy hoef darem nie te vrees dat jy jou gebak gaan vergryp nie. Daar is elke dag ’n groot verskeidenheid vars en gesonde kos aangebied. Selfs “banters” sal by hul eetstyl kan hou, mits hulle genoeg selfbeheersing aan die dag lê! Pluspunte van Tintswalo at Waterfall Lees wat sê die rooi rose-redaksielede (in alfabetiese volgorde!) Anelle Tewson, produksiehoof: Wat ek die meeste van Tintswalo geniet het, is die argitektuur – die gebou was regtig mooi. Die groot vensters het pragtige lig ingelaat. Ek is mal oor die rooi bakstene en staalstukke. Dit lyk nie soos jou tipiese hotel nie, dit is ’n baie mooi gebou. Cornel Dunn, leefstylredakteur: Die luuksheid van die slaapkamers en die rustige atmosfeer het my opgeval. Die feit dat die hotel so klein is, maak dit meer intiem en stil. Elmarie Otto, teksredakteur Myne was die visvanger – vir seker! Asook die groot groen tuin, die water en die rustigheid binne en buite. Die gesonde, vars kos was elke keer ʼn groot bonus – ek onthou veral die lekker steak en die groente en slaaie en een koffietyd se donkerkleurige koekblokkies met die interessantste rooi versiersel en ’n smaak wat tegelykertyd sjokolade- en vrugtekoek is. Die ontspanne atmosfeer en die besonder vriendelike en behulpsame personeel en diens kry jy beslis nie oral nie – al hoort dit oral so. Die hotel was nogal nie vir my so afskrikwekkend erg formeel en statig en deftig soos ander vyfsterplekke kan wees nie. Hannelie Diedericks, adjunk-redakteur: Die lekker koue vrugtewater op die tafels. Die mooi uitsig vanuit die konferensielokaal. Karyn Harrison, ontwerp & uitleg: Die personeel was ongelooflik vriendelik en hulpvaardig. Ek was gek na die elegante en tog rustieke dekor met die perdetema. Die vars gebak en versnaperinge elke dag. Martie Pansegrouw, redakteur: Die rustigheid saans, ver van die stadslawaai. ’n Lieflike landelike atmosfeer en mooi tuine wat rustigheid skep. Voor slaaptyd kan jy op jou kamer se stoepie sit met die skuifdeure oop om die aandlug te geniet. Heerlike badkamers met yslike bad- en luukse stortgeriewe. Baie voëls, veral ook visvangers, wat ons op suksesvolle lugaanvalle in die watervore trakteer het. Aandete was baie lekker voorberei en gaan met vriendelike en persoonlike diens gepaard. Daar was ’n groot genoeg verskeidenheid op die spyskaart om die meeste mense gelukkig te hou. Michelle Nortjé, webredakteur: Vir my was die perde vroegoggend pragtig – die perdryers wat geoefen het. Dit het my kalmeer. Ek het ook gehou van die hotel se atmosfeer. Dit het nie gevoel asof ons in Midrand is nie. Salomé Delport, gesondheidsredakteur: Die perde/polotema is interessant deurgetrek, sonder om kitsch en oorweldigend te raak. ’n Paar perdekunswerke en saals is hier en daar geplaas. ’n Heerlike paadjie om die kompleks waar jy ’n hele paar kilometers kan stap of draf, in die veiligheid van die kompleks. Brulpaddas wat jou vermaak as ’n ligte hoëveldse storm uitbreek – dit het gevoel asof Paul McCartney se paddaliedjie iewers uitspeel. Elke aand ’n nougat, eerder as ’n valerige sjokolade – en selfs ’n kraffie met sjerrie vir twee pasella. Kamergeriewe is puik – ekstra plush japonne, genoeg hangers, genoeg kragproppe met adaptors. Vriendelike, hulpvaardige personeel – geen hysbak nie, maar die personeel bied dadelik aan om jou sware tasse na jou kamer te neem. Susra Matthee, moderedakteur: Vir my was die groot, luukse kamers met die sagste leerbanke wat uitkyk op die dam ’n hoogtepunt aan die einde van die dag. Jy kan op die bank gaan sit met ’n glas wyn of ’n koppie tee en net ontspan. Suzanne Kotzé, skoonheidsredakteur: Die heerlike groot gemakstoele in ons kamers wat uitgekyk het op die water. Dit het so lekker gesit dat dit baie moeilik was om daaruit op te staan. Vickie de Beer, kosredakteur: Die koffie-en teegeriewe in die kamers was baie oulik gedoen en baie mooi aangebeid. Hulle het selfs vars gesnyde suurlemoene en vars melk in die yskas gehad. Die kospakkies na die lughawe toe ons moes terugvlieg Kaap toe, was baie mooi verpak en goed deurdag. Daar was ’n biltong snoephappie-pakkie en vars vrugte, ’n broodjie en ’n nougat – regtig oulik verpak. Kontakdetail Meer inligting en besprekings by 011 300 8700, [email protected] of www.tintswalo.com/waterfall/#
http://www.rooirose.co.za/tintswalo-waterfall-midrand-landelikheid-die-stad/
2016-10-17 14:42:52
Borskankerbewustheid: maak ’n verskil
GHD GHD het vir Oktober 2016 drie beperkte uitgawe-produkte, waarvan hulle R100 van elke verkoop aan die Pink Drive skenk. Die GHD V styler and roll bag (R2 499) gee jou daardie perfekte salon-krulle, lokke of reguit hare by die huis. Die GHD Platinum Styler and Roll Bag (R3 299) werk vining en effektief en beskerm ook jou hare terwyl jy dit stileer. Dit verminder die kanse dat jou hare breek met 50%. Met die Air Proffesional Hairdryer (R1 799) het jy die keuse van drie verskillende temperature, insluitend ’n koeler opsie om jou hare droog te blaas. Estée Lauder Met die verkope van elke Estée Lauder Night Repair Synchronized Recovery Complex II with Pink Ribbon Pin (R1 055), word R20 aan die Look Good Feel Better-organisasie geskenk. Dit is Elizabeth Arden se nommer een serum vir die herstel van die vel. Elke botteltjie bevat ook ’n pienk strikkie wat jy kan dra om jou ondersteuning te wys. Clinique Hierdie Oktober word R40 van elke Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion+ (R695) wat verkoop word, aan die Look Good Feel Good-organisasie geskenk. Jy kry ook ’n pragtige sleutelhouer saam met jou produk. Sorbet Verf Oktober pienk met die Sorbet Paint Pink Gift Set (R189). R10 van elke geskenkpak word aan ’n borskankerbewustheid-organisasie geskenk. Morgan Taylor 10% van die wins op die verkope van Morgan Taylor se Fight Like a Lady Mini 4 Pack (R246) wat gedurende Oktober, November en Desember verkoop word, word aan die CANCA organisasie geskenk. Jy kry dus 4 verskillende skakerings van pienk om jou naels mee te verf en só jou ondersteuning te wys. Placecol Met die Keep abreast with Placecol-promosie wat gedurende Oktober plaasvind, skenk Imbalie 10% van die Placecol Illumine Neck & Decolete Lift (R380) en die Placecol Neck and Bust Gel (R295) aan die Reach for Recovery-organisasie. Die doel van die program is om emosionele en praktiese ondersteuning aan kankerpasiënte en hul families te gee. Avon & Justine Die Avon & Justine iThemba-borskankerveltog beoog om gedurende Oktober geld in te samel vir die Breast Helath Foundation, Bosom Buddies asook die Look Good Feel Good-organisasie. Jy kan jou ondersteuning wys deur die iThemba Breast Cancer Pin (R89) of die iThemba Breast Cancer Cap (R109) te koop. Mandy’s Die Mandy’s Hair Removal lotion (R24,50 vir 50ml en R71,99 vir 200ml) maak haarverwydering soveel makilker en ruik boonop na vars blomme. Mandy’s skenk R2 van elke produk se verkope aan die Pink Drive-organisasie. Dermafix Dermafix wys hul ondersteuning gedurende Oktober deur R10 van alle aanlynverkope by www.dermafix.co.za aan die CANCA-borskanker-organisasie te skenk.
http://www.rooirose.co.za/borskankerbewustheid-maak-n-verskil/
2016-10-20 08:51:16
Die biergier!
Ken jou bier • Bierstyle val in die kategorie van ’n ale of lager. Die verskil lê in die fermentasieproses en die daaropvolgende geure wat ontwikkel. • Ale is die oupa van die biere en word al eeue lank gebrou. Met ’n ale word warm fermentasie gebruik en dit onderskei dié bier van ’n lager. Jy kry ’n verskeidenheid ale, soos ligte ale, bruin ale, porters en moutbiere. Ale word deur ’n vrugtige karakter gekenmerk. • Met ligte ale word die vaal mout liggies gerooster om ’n meer elegante geur te gee. Bruin ale of donker ale het ’n donker amberkleur en is ’n ouwêreldse styl bier. Lees ook: Ken jou bierterme • Lager gis langer by laer temperature. Die woord “lager” beteken “stoor” in Duits en verwys na die destydse gebruik om die bier in grotte te stoor. • Pilsner is ’n bekende lager-styl bier met sy oorsprong in die Tsjeggiese Republiek. Die bier het ’n kenmerkende bitter nasmaak. • Amber beskryf ’n ale of ’n lager, en verwys na die bier se goudkleurige voorkoms. • Weiss-biere word van koring gebrou. Die twee bekende soorte is Krystal Weiss en Amber Weiss. • IPA of Indian Pilsner Ale het in die 1700’s ontstaan toe Engelse troepe in Indië was. Om die rakleeftyd van die bier te verleng is meer hop, ’n natuurlike preserveermiddel, bygevoeg. Brou jou eie Besoek www.beerlab.co.za vir meer inligting oor tuisbrou-stelle en bierbrouklasse. Reël jou eie bierfees tuis! By www.yuppiechef.com kan jy ’n groot verskeidenheid craft-biere bestel. Hulle lewer landwyd af. Koop ’n broustel: Mangrove Jack’s Brewing Co. se beginnerstel gee alles wat jy nodig het om 23 liter bier te brou (net nie die bottels nie) en kos sowat R995. Kyk by www.mangrovejacks.com. Jy kan ook by hulle ’n verskeidenheid brouersgis koop, soos Munich Lager, British Ale en Bavarian Wheat. Bieretiket Die skuimlaag op bier is nodig om die aromatiese hop, esters en alkoholgeure vas te vang en die lekker van die bier te verleng. Skink so Bier uit ’n blik of glasbottel se gas is te aggressief en belemmer die geur. Wanneer die bier in ’n glas geskink word, vorm die skuimkop waarin die meeste geure vasgevang is. Hou die glas teen ’n hoek van 45 grade en skink die bier teen die kant van die glas af terwyl jy die glas stadig regop bring hoe voller die glas word. Skink die laaste derde van die bier in ’n regop glas. Temperatuur Nes wyn, moet bier ook by die regte temperatuur bedien word. Lagers is op hul beste tussen 6 – 9 °C en ale tussen 7 – 11 °C. Swartbier (stout) kan selfs by ’n warm 13 °C gedrink word.
http://www.rooirose.co.za/die-biergier/
2016-10-04 11:46:34
Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies
Genoeg vir 6 Jy kan ook ’n bessieroomys maak. Roer 500 g fyn gemaakte bessies by die basiese mengsel. • 500 ml (2 k) karringmelk • 500 ml (2 k) room • gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene • 4 eiergele • 60 ml (¼ k) suiker • knypie sout • 30 ml (2 e) chia-saad 1 Verhit die karringmelk, room en suurlemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte tot dit saggies begin borrel. Haal af en hou eenkant. 2 Klop die eiergele, suiker en sout tot lig en romerig. Voeg die suurlemoensap by. 3 Gooi die roommengsel by die eiergele terwyl jy deurentyd klits. Gooi die mengsel terug in die kastrol. 4 Kook stadig oor lae hitte terwyl jy deurentyd roer tot die vla verdik – dit moet die agterkant van ’n houtlepel bedek. 5 Trek van die hitte af en hou eenkant tot heeltemal afgekoel. Sit vir 2 uur of tot koud in die yskas. 6 Roer die chiasaad by en gooi in die bak van ’n roomysmasjien. Karring die roomys volgens die masjienaanwysings. 7 Laat effens set voor jy die roomys tussen lagies wafels skep, of sit die wafels saam met die roomys voor. Volgraanwafels Genoeg vir 10 wafels Ons het ’n stroopwafelpannetjie gebruik. andersins kan jy die koekies op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is, in ’n voorverhitte oond by 180 °C bak. Haal uit die oond. Die wafeltjies sal bros word sodra dit afgekoel het. • 200 g speltmeel • 80 g tefmeel • 95 g suiker • knypie sout • 1 eier • 80 g sagte botter 1 Meng die spelt, tef, suiker en sout in ’n mengbak. 2 Voeg die eier en botter by en knie tot ’n deeg gevorm het. 3 Weeg die deeg in 40 g bolletjies af. 4 Spuit ’n stroopwafelpannetjie met kleefwerende kossproei en verhit oor hoë hitte. 5 Sit ’n bolletjie deeg in die middel van die wafelpan en maak die pan toe. Bak vir 2 min. aan elke kant, of tot goudbruin in kleur. 6 Lig uit die pannetjie en herhaal met die oorblywende deeg.
http://www.rooirose.co.za/chia-en-suurlemoen-roomys-met-volgraan-wafeltjies/
2016-10-10 11:19:36
Seksvoorligting: wat sê ’n kenner?
Hoekom is hierdie een van die heel belangrikste gesprekke wat ’n ouer met ’n kind moet hê? “Dis ouers se reg, plig en voorreg om hul kinders oor die seksuele en verhoudings in te lig. ’n Kind moet, ook as dit by die seksuele kom, by sy ouers leer wat reg en verkeerd, normaal en abnormaal, aanvaarbaar en onaanvaarbaar is. Norme en waardes moet in die ouerhuis aangeleer word. En moenie die fout maak om te dink jy kan net voorsê nie – jy moet ‘voorleef’! “Seksuele opvoeding is nie die verantwoordelikheid van die staat, skool of kerk nie, hoewel hierdie instellings almal ’n sinvolle en noodsaaklike bydrae kan maak. “Die verkeerdste plek vir ’n kind om van seks te leer is in die media en deur hul portuurgroep. In die portuurgroep word dit letterlik ’n saak van een blinde wat ’n ander blinde lei! In opvoeding gaan dit juis daarom dat daar vir ’n kind grense gestel word; dat hy of sy weet dat gedrag, in hierdie geval seksuele gedrag, binne ’n spesifieke ruimte en grense geskied. “Jou seksualiteit is deel van jou wese en moet daarom, in ’n ideale wêreld, gevorm en geplooi word binne die beskermde ruimte van gesonde gesinsverhoudinge.” Wanneer is die regte tyd vir so ’n gesprek? “Seksuele opvoeding is meer as net inligting gee. Daar is daarom nie een spesifieke dag of tyd daarvoor nie. Ek dink dit begin by die wieg en eindig by die graf.” Waar (en wanneer) begin jy hierdie gesprek? Wag jy tot hy of sy dit ophaal, of begin dit jare vroeër? “Jy begin deur die regte name vir geslagsorgane te gee en dan vir die kind te verduidelik dat dit persoonlik en privaat is, maar beslis dat daar niks vuils en verkeerd daaraan is nie. “As ’n klein kind sy of haar eie liggaam begin verken en so ook die geslagsorgane ontdek en stimuleer (masturbasie), moet dit korrek hanteer word. Dit sou verkeerd en ongesond wees om vir die kind iets te sê soos ‘as jy dit weer doen, gaan dit afval’ of ‘dis stout/ lelik/vuil of verkeerd’. Sê liewer iets soos ‘dis oukei, maar doen dit as jy alleen is, sonder toeskouers en met jou eie hande. Dis nie iets waarmee iemand jou mag help nie’. “’n Kind moet ook rondom die seksuele bemagtig word. Hulle moet weet jou geslagsorgane is nét joune, en niemand anders het die reg om daarna te kyk of daaraan te vat nie, tensy mamma of pappa help met bad of toilet toe gaan, of ’n dokter daar moet ondersoek omdat jy dalk iets daar makeer. “En sê ook dat mamma of pappa moet by wees as iemand soos ’n dokter daar wil kyk. Leer jou kind om dadelik vir julle te kom sê as enigiemand anders (man of vrou, familie of vreemdeling) daaraan wil vat of daarna wil kyk. “Die grootste probleem met molestering is dat die kind gedreig word dat iets aan die kind of aan een van sy geliefdes gedoen sal word as hy sou uitpraat. Of natuurlik word daar gesê dis ’n spesiale geheim waarvan niemand anders mag weet nie. “Ouers moet tot elke prys probeer keer dat ’n kind in so ’n situasie beland, maar maak ook doodseker dat jou kinders weet dat hulle met jou mag en moet praat as hulle wel so iets slegs oorkom. Hou die kommunikasiekanale altyd oop.” Het jy praktiese raad oor die hoe, waar en wanneer van ’n gesprek oor die seksuele? Moet jy byvoorbeeld ’n groot ding daarvan maak as jou dogtertjie begin menstrueer? Of hanteer jy dit soos iets alledaags? “Ek dink dit moet as iets alledaags hanteer word. Dis te laat vir ‘die gesprek’ ná die eerste maandstonde. ’n Kind moet voorbereid wees op dinge soos eerste maandstondes en nat drome, anders kan dit as ’n skok kom, baie negatief ervaar word en met skuldgevoelens gepaardgaan. “Daar is niks daarmee verkeerd om die man-word/vrou-word te vier nie, maar dit mag nie vir die kind ’n verleentheid of ongemaklike situasie word nie. Onthou, as kinders puberteit bereik, word hulle vreeslik selfbewus oor hul veranderende liggame, en is hulle baie meer emosioneel as gewoonlik weens al die hormonale veranderinge. “Daarmee saam worstel hulle om ’n volwasse identiteit en onafhanklikheid te bekom. Dit moet met kalmte, begrip en rustigheid hanteer word. In hierdie tyd raak hulle ook meer krities teenoor hul ouers en bevraagteken baie keer hul gesag. Onthou dus maar die gesegde ‘rules, without relationships, will end in rebellion!’ Dit is soveel beter om van kleintyd af aan hierdie verhouding te bou.” Goed, nou by ons almal se groot vraag: hoeveel detail is nodig? Wat as jy veel meer detail gee as wat jou kind eintlik verwag het? “’n Bybelse, maar eintlik ook ’n universele beginsel is: ‘die waarheid maak jou vry’. Feite op die regte tyd en in die regte hoeveelheid het nog nooit skade gedoen nie. Halwe waarhede, menings en mites en ’n gebrek aan feitekennis het al baie skade gedoen. ’n Klein kindjie is soos ’n spons. Alles wat na sy of haar kant kom, word opgeneem tensy daar ’n filter is waardeur dit eers filtreer kan word. “Daardie filter moet die feitekennis en die houdings, waardes en norme wees wat die kind van sy ouer ontvang het. Dan sal kinders dinge wat oorspoel van die portuurgroep of media, kan vergelyk met wat hulle reeds as basis het en dan sal hulle dit kan aanvaar of verwerp. As hul kennis en waardes en houding in plek is, kan hulle enigiets meer krities evalueer en ook bevraagteken. “Dis baie belangrik dat die kind se verhouding met die ouer van so ’n aard is dat hy/sy die vrymoedigheid het om enige tyd ’n vraag te kan vra of ’n probleem te kan bespreek.” Hoe gemaak as ’n ouer skaam is, of nie heeltemal in voeling met sy/haar eie seksualiteit is nie? “Jy sal maar net jou skaamte op ’n manier moet oorkom en jou verantwoordelikheid begin nakom. Daar is geen verskoning om nie vir jou kind ’n behoorlike seksuele opvoeding te gee nie. Jy kan hulle ook nie in watte toedraai of in ’n glaskas probeer hou nie, want hulle gaan op baie maniere aan die seksuele blootgestel word. Hulle sal daarop voorberei moet word met die korrekte feite en ’n stel waardes en norme. “Ek het nie spesifieke boeke of DVD’s wat ek aanbeveel nie, maar daar is baie beskikbaar. Maar ’n ouer mag nooit ’n boek of ’n DVD beskou as ’n alternatief vir gesprekke nie. Dit is slegs die aanknopingspunt, en het baie meer waarde as dit voor en na die tyd bespreek word. “Onthou ook dat kinders se persoonlikhede verskil. Een kind kan ’n gesprek onder vier oë hanteer, terwyl ’n ander kind gemakliker sal wees as daar nie oogkontak is nie, soos in ’n motor op pad iewers heen, of langs die viswater. Korrespondensie per brief of e-pos mag vir ander ouers en kinders weer die ys breek en die manier van kommunikeer wees.”
http://www.rooirose.co.za/seksvoorligting-wat-se-n-kenner/
2016-10-13 15:01:20
Leah: vars talent
Leah se debuutalbum, Wonderwerk, is eers verlede jaar uitgereik, maar die publiek én kenners het so baie daarvan gehou dat sy vanjaar al vier gesogte musiektoekennings verower het. By die Tempo-toekennings in Julie is sy as Beste Nuweling aangewys, en “Met jou Klere aan” is as die Liedjie van die Jaar én Beste Musiekvideo aangewys. Sy is ook met ’n Ghoema bekroon as Nuweling van die Jaar. Maar moenie dink Leah, wat in November 2016 dertig word, se pad na sukses was maklik nie. Sy was van kleins af mal oor sing, en het op skool aan al wat ’n sangkompetisie en kunswedstryd is, deelgeneem. Sy vertel skertsend hoe sy en haar ma, Christa, menige Saterdagmiddag iewers op die uitslag van een of ander kompetisie sit en wag het. “My ma is my grootste aanhanger, en my stiefpa, oom Herman, het nog al die jare my keuses ondersteun.” Leah – sy is Leani Ekermans gebore – het altyd van ’n sangloopbaan gedroom, maar nooit gedink dis ’n werkbare plan nie. Ná matriek het sy haar musiekdrome opsygeskuif en B.Com. Regte op Stellenbosch gaan studeer. Maar die musiek wou haar maar nie los nie. “Nadat ek een keer by ’n kultuurskakeling met ’n manskoshuis sommer vir die pret gesing het, was die reaksie so goed dat ek al hoe meer by kultuuraande opgetree het en weer aan kompetisies begin deelneem het.” Ná haar regsgraad het sy besluit om voorlopig nie verder in die regte te studeer nie, maar eerder haar kanse op die verhoog te waag en vir ’n diploma in musiekteater aan die Waterfront-teaterskool in Kaapstad ingeskryf. Drie jaar lank het sy gesing, gedans en toneel gespeel onder die streng en wakende oog van onder meer Delia Sainsbury, medestigter van die teaterskool. Ballet, moderne jazz, klopdanse, sang- en dramaklasse, opleiding in TV-aanbieding, die teorie en praktyk van musiekteater … Sy rits die vakke af waaruit die grootste deel van elke dag bestaan het. “Dit was rof, hoor! Ons kursus het baie praktiese klasse behels én ek moes werk om my woonstelhuur te betaal. Ek het teen betaling vir medestudente klere gemaak en sommer vroeg al ’n agent gekry om vir my vryskutwerk te soek. Ek is bly ek was ’n bietjie ouer toe ek dit gaan doen het, want ek sou die druk nie direk ná skool kon hanteer nie. Ek was doodseker dat dit was wat ek met my lewe wou doen.” Die kollege het van studente verwag om vryskutwerk in die vermaaklikheidsbedryf te doen. Dit het ervaring en ’n ekstra inkomste verseker, maar beteken dat sy feitlik geen vrye tyd gehad het nie. Tog was sy steeds vas van plan om haar LLB-graad deur Unisa te voltooi, maar daar was net te min ure in elke dag. “Toe ek weer op ’n dag moes kies tussen ’n regseksamen en ’n kans om vier dae te werk en geld te verdien, het ek besluit om eerder die regstudie vir ’n ruk opsy te skuif.” Dis nou ’n hele paar jaar later en die regsdroom vir eers vergete, want ná byna ses jaar van bloedsweet, harde werk en opofferings is Leah die musieksensasie van 2016. Is die musiekwêreld soos sy haar dit voorgestel het? “Wanneer ek op die verhoog is, ja,” antwoord sy sonder aarseling. Sy glo dit help baie dat sy nie die mededingende musiekbedryf met sterre in haar oë betree het nie. Nadat sy in haar derde jaar in teaterskool ’n oudisie geslaag het by Mike McCullagh, vervaardiger van talle gewilde musiekproduksies soos Tribute to Bob Dylan en Beatlemania, het sy tot redelik onlangs nog gereeld in sy produksies opgetree. Dit was ’n puik leerskool waar sy van harde werk en professionalisme geleer het. “Delia was ook baie streng. Jy moes betyds wees, anders is jy uit. Ons is geleer jy toets nie die geduld van mense wat bereid is om vir jou werk te gee nie. Jy daag voorbereid en vroeg op en ken al jou woorde.” Deur die jare het sy in oorsese TV-advertensies en kabarette gespeel en selfs geld met stemwerk verdien. Sy was bereid om enigiets te doen om ’n loopbaandeurbraak te verseker. Haar groot deurbraak het gekom toe sy in 2012 as wenner van die Rapport-modelkompetisie aangewys is. Die bekende musiekvervaardiger Johan Vorster, wat ook sterre soos Bok van Blerk en Lianie May help ontdek het, het haar raakgesien. In 2013 het sy die rol van die sportonderwyseres Elize de Bruin teenoor Bobby van Jaarsveld in die musiekfliek As jy Sing gespeel. Sy het ook saam met Johan aan ’n solo-album begin werk. Hy en Christof Kotze het 13 van die 14 liedjies op Wonderwerk geskryf. Juan “Floors” Oosthuizen het gehelp met die album se unieke klank. Tussendeur het sy op feeste en saam met ander sterre opgetree. Haar album sou aanvanklik in 2014 bekend gestel word, maar Johan het gevoel die tyd was nog nie reg nie. “Ek moes baie geduld leer en moes hom en sy ervaring vertrou.” Teleurstelling was daar ook. “Ons was op die punt om die album verlede September uit te reik toe hy sê hy voel ons kort nog daardie een spesiale liedjie. Ek was teleurgesteld, maar Johan was reg. “Met jou Klere aan” en “Meer as Niks” is eers daarna geskryf en het my treffers geword.” Sy offer steeds baie vir haar musiekdroom op, soos om dikwels weg van die huis te wees en tussen Johannesburg en Kaapstad te pendel. Sy en haar man van die afgelope drie jaar, Hennie van Niekerk, en hul twee Jack Russels, Muggie en Lila, woon in Kaapstad. Sy en Hennie, ’n projekbestuurder in die finansiële afdeling van ’n groot kettingwinkelgroep, het mekaar tien jaar gelede op Maties ontmoet. “Gelukkig verstaan hy dat ek moet reis – hy moes ook sedert 2010 baie in ander Afrikalande werk.” Twee besige werksdagboeke beteken dat hulle mekaar soms net vir ’n dag te sien kry voordat die een weer moet vort, maar hulle het besluit om nie nou die Kaap vir Johannesburg te verruil nie. “Die gependel is niks lekker nie,” erken sy. “Eintlik is ons redelik joined at the hip, maar dis nou maar die aard van my beroep. Ek sal in elk geval steeds moet pendel vir optredes, of ons nou in Kaapstad of Johannesburg woon. Wanneer hy kan, kom Hennie saam na feeste waar ek optree, maar ek kan ook nie van hom verwag om vir alles verlof te neem nie. Hy het sy eie loopbaan.” Hulle maak die beste van ’n slegte saak deur ’n paar keer per dag telefonies te gesels. “Wanneer ek by die huis is, is dit asof ek op vakansie is, want dan werk ek nie, en is dit net ek en Hennie. Dan gaan ons gereeld na my skoonfamilie se strandhuis aan die Weskus.” Hulle het nie nou planne vir ’n baba nie. “Ons wil nog eers die wêreld sien, en op ons loopbane fokus. Ek speel ook lekker pop met vriendinne se babas, en ons is die peetouers van sy suster se baba. Ek is ’n baie goeie tannie, hoor!” Leah se ysere selfdissipline en bereidheid om hard te werk en op te offer vir wat sy wil bereik, kom uit haar kinderdae. “Ek is die oudste van drie kinders, my tweelingbroers, Ignus en Daneel, is 25. Ons is baie streng grootgemaak. My pa was ’n ingenieur en is oorlede toe ek sewe was. My ma en stiefpa het tot onlangs hul eie restaurant besit.” Haar liefde vir musiek kom van haar ouers af. “My pa was baie musikaal, en my ma en ouma Sue het ook gesing. Daar was altyd musiek in ons huis. Ek onthou hoe ek en my boeties ’n Buddy Holly-vertoning op ons koffietafel gehou het terwyl my ma ons met die videokamera afneem.” Haar liefde vir mooi, vroulike klere kry sy by haar ouma Stienie. “Sy was baie fyn en vroulik.” Sy skram nie weg van kritiek nie. “Solank dit opbouend is. My ma het as kind vir my objektiewe kritiek gegee, maar deesdae vra ek Hennie se terugvoer. Hy is objektief en eerlik.” Die borrelende blondine is realisties oor ’n loopbaan in die kollig. “My ma het my gelukkig as kind al geleer dat jy moet wees wie jy is, en moet aanvaar dat nie almal noodwendig van jou gaan hou nie. Ek het ook nie allerhande verwagtinge gehad toe ek ’n sangloopbaan gekies het nie.” Sy is verstommend onpretensieus vir iemand wat die musiekwêreld aan die gons het, en lag en gesels spontaan. “What you see is what you get.” “Ek is nie aanstellerig nie. Ek weet hoe moeilik die pad tot hier was, en waarnatoe ek op pad is, al is dit ook hoe moeilik om daar te kom. Danksy my wonderlike ma en man kan ek al my drome najaag – hulle albei was nog met elke tree van hierdie reis langs my.”
http://www.rooirose.co.za/leah-vars-talent/
2016-10-18 13:35:29
Blog: Middeljariges en Millennials
Vreesaanjaend. Ek dink nie ek was al so beangs nie. Want hoe gemaak as een van die Kaap se voorste onafhanklike skole jou vra om op die eerste dag van die laaste kwartaal met sy hoërskoolleerders te gesels oor ’n onderwerp wat hulle waarskynlik meer van weet as jyself? ’n Saal vol blinkoog-tieners, die hoop van môre, versus ’n middeljarige ma. Jy moet praat, hulle moet luister. Die onderwerp? Sosiale media. Meer spesifiek, kuberboelies. Dis eers toe ek stokalleen op die kaal verhoog klim, die mikrofoon van sy rusplek op die statige staanplek tel en die trappies weer ’n entjie afklim om die leerders van Curro Durbanville in die oë te kyk dat ek weet: oor vyftien jaar, dalk vroeër, is julle die jongelinge wat die mag en jeugdige wysheid gaan hê om groot besluite te neem. Een, twee, of drie van julle sal selfs my baas kon wees; die een met die mag om besluite oor my toekoms te neem. Belangrik: Daar’s nie ’n verskil tussen ons nie. Die gelykmaker is die respek wat ons vir mekaar en mekaar se wêrelde het. Generasie X en die Millennials. Of, soos ’n vriend ons noem: Middeljariges en Millennials. Barack Obama, Jennifer Lopez en ek. Mark Zuckerberg, Serena Williams en jy. Die grootste verskil – Barack, Jennifer en ek rebelleer teen die reëls. Vir jare al. Mark, Serena en jy herskryf die reëls. Elke dag. Een-vir-een. So wie, wie dink ek is ek om op ’n verhoog te staan en te maak of ek meer weet as jy? Tussen die brandende chaos van die week wat ons om elke hoek en draai konfronteer, lees ek iewers hoe iemand sê “woorde skep wêrelde”. Jou wêreld, en myne. Dus tel ek op dié dag my woorde. Trap versigtig, dalk om my eie vrees te verbloem. Maar ook om vir jou ’n prentjie, ’n wêreld, te skep waaraan jy en ek soms herinner moet word. Een waarin mense nie almal altyd is wie en wat hulle voorgee om te wees nie. Dis jou en jou generasie se werk om die reëls te maak. Dis my en my generasie se werk om so nou en dan op te kyk, teen die trappies af te klim, jou in die oë te kyk, en eerlik te wees oor wat ek, en ons, dink. Oor die wêreld, en sy boelies. As jy nie aanhou om die reëls te maak nie, en ek ophou om te rebelleer, faal en verloor ons mekaar. Selfs meer: verloor ons die respek om mekaar se stemme te hoor. Woorde skep wêrelde. Joune, en myne. Met die huis toe ry is die vrees weg. Jy en jou mede-millennials bly agter om die laaste kwartaal te pak met alles wat jy het sodat jy eendag my baas kan wees. En ek? Ek dink aan planne om my mede-middeljariges te motiveer om jou met die respek te lei wat jy, en ons, verdien. It’s up to us. Die middeljariges, en die millennials. Tot ons weer gesels, Marí
http://www.rooirose.co.za/blog-middeljariges-en-millennials/
2016-10-14 10:16:49
6 slim teenveroudering-truuks
Gee jou liggaam (en gees) ’n hupstoot met hierdie ses teenveroudering-truuks deur gesondheidskenner, Desi Horsman. Voel ontspanne en vernuwe, plus lyk jonger! 1 Eet gesonde vette vir ’n sagter, gladder vel Belangrike vetsure wat in kos soos olierige vis, avokado, olywe en neute voorkom, help om die selmembrane glad en sag te hou en is nuttige middele teen veroudering. Die vetsure speel ook ’n rol in die ondersteuning van selmembrane deur ’n invloed te hê op wat in en uit die membrane beweeg. Sonder vet kan die selmembrane nie vog behou nie en verloor dit tekstuur wat die sel sag laat vertoon. Vir ’n sagte vel is dit belangrik om noodsaaklike vetryke kosse soos avokado, olywe en olyfolie by jou dieet te voeg. Dit keer ook dat hormoonvlakke daal en jy jou jeugdigheid verloor. Gooi olyfolie op al jou slaaie en probeer om dit direk op jou vel aan te wend. Lees ook: 9 Olyfolie-truuks in jou skoonheidsbehandeling Lees ook: 5 mites oor olyfolie 2 Maak tyd vir skoonheid-slaap Daar is niks beter vir liggaam en gees as diep, verjongende slaap nie. Die gemiddelde persoon moet sewe tot nege ure per nag slaap om die brein effektief te herlaai en te verseker dat jy ’n lewendige, jeugdige voorkoms het, sê Desi. Maak slaap ’n prioriteit deur te ontlaai sodat jy ’n goeie nagrus inkry. Vermy strawwe oefening, kafeïen of tegnologie (soos televisie of jou iPad voor slaaptyd). Studies het getoon dat die blou ligte afkomstig uit hierdie skerms inmeng met die afskeiding van melatonin, wat die natuurlike slaaphormoon is. Lees ook: Ses oplossings vir jou slaapprobleem 3 Drink meer water en leef langer “Die belangrikheid van water kan nie genoeg beklemtoon word nie!” meen Desi. Water is die natuur se manier om die liggaam te help om ontslae te raak van gifstowwe wat elke dag opbou. Sonder genoeg waterinname bou gifstowwe in die stelsel op en veroorsaak dit dat selle vinniger doodgaan. Dit lei tot voortydige veroudering en ’n afgeremde vel. Water dra ook al die noodsaaklike voedingstowwe na die selle. As jy dors voel, is jy reeds effens ontwater so maak seker jy drink deur die dag water om energievlakke te behou en om ‘n gesonde, lewenskragtige vel in stand te hou. Lees ook: 6 natuurlike teenverouderingsmiddele Lees ook: 5 wenke om elke dag meer water te drink 4 Vul aan met Vitamien C om jou immuunstelsel te versterk As jy net een aanvulling gebruik, maak seker dit is Vitamien C. Dit is noodsaaklik vir die produksie en instandhouding van gesonde kollageen wat selle in die vel steun en die vel ’n jeugdige, ferm voorkoms gee. Dit ondersteun die immuunstelsel en help die liggaam om siektes te beveg. Lees ook: Meer oor vitamiene en antioksidante Eet broccoli, bessies, sitrus en kiwi. Vitamien C is ook een van die kragtigste antioksidante. Antioksidante help om skade van vrye radikale te bekamp wat die dood van selle veroorsaak en veroudering bespoedig. 5 Hou jou ingewande gesond Jy mag dalk dink jou ingewande is net verantwoordelik vir die vertering van kos, maar die waarheid is, dit skep ’n gesonde ekosisteem wat jou liggaam ondersteun om gesond te voel, sê Desi. Probiotika en gefermenteerde voedsel soos suurkool, natuurlike jogurt, kefir (’n melk-gebaseerde drankie wat in graan vorm), piekels en gegiste tofoe sal voordelige bakterieë behou en die dermvoering beskerm. Dit sal ook help met die opname van voedingstowwe. Gesonde ingewande verseker dat gifstowwe nie weer in die liggaam geabsorbeer word pleks van om effektief uitgeskei te word nie. 6 Maak oefening ’n gewoonte Jy hoef nie straf te oefen om die voordele van gereelde oefening te ervaar nie. Onlangse studies deur Harvard en die Internasionale Kanker Instituut dui daarop dat ’n uur se matige oefening per dag die tekens van veroudering aansienlik vertraag en jou langer laat leef. • Stap 20-30 minute per dag op ’n hoër intensiteit (jy moet sweet). • Oefen met gewigte, swem of maak jou huis (behoorlik) skoon. Dit is effektiewe maniere om kilojoules te verbrand en jou metabolisme aan die gang te hou. Lees ook: Verloor daardie ekstra kilo’s tydens menopouse Lees ook: Oefen jouself jonger Besoek Desi Horsman se webwerf by www.desihorsman.com
http://www.rooirose.co.za/6-slim-teenveroudering-truuks/
2016-10-13 13:14:33
Die romerigste, lekkerste polenta
• 500 ml (2 k) water • 250 ml (1 k) melk • 250 ml (1 k) room • 110 g (½ k) polenta • 125 ml (½ k) parmesaan • 45 ml (3 e) botter 1 Gooi die water, melk en room in ’n groot kastrol en geur met sout. Laat kook. 2 Hou die polenta ’n entjie bokant die melkmengsel, gooi stadig by en roer heeltyd. (Wees versigtig dat die polenta nie spat en jou brand nie.) 3 Laat kook tot dit begin verdik. Verlaag die temperatuur en prut vir sowat 30 min. tot deurgaar. 4 Roer die parmesaan en botter deur en voeg nog warm melk by indien dit te dik na jou sin is. Sit voor met ekstra parmesaan bo-op.
http://www.rooirose.co.za/die-romerigste-lekkerste-polenta/
2016-10-10 10:12:15
Wêreldkosdag: voer ’n honger magie
FoodForward SA beoog om een ton kos in te samel en aan weeshuise, tehuise vir bejaardes, gestremdes, skuilings vir mishandelde vroue en kinders, asook jeugontwikkelingsentrums te versprei. Wêreldkosdag word herdenk om wêreldwyd kos in te samel vir diegene in nood. FoodForward SA wil almal betrek om voedsame kos vir hierdie goeie doel by te dra. FoodForward SA het die afgelope jaar hul hulp aan nie-winsgewende organisasies met 78% uitgebrei, nadat die kos-nood onder behoeftiges al meer toeneem. Die organisasie bied tans kos van goeie gehalte kos 600 nie-winsgewende begunstigde organisasies wat op sy beurt meer as 175 000 mense in Suid-Afrika voed. Jy kan jou bydrae lewer deur kos aan die voedselstasies by die twee winkelsentrums (Blue Route in Kaapstad en Mall of Africa in Johannesburg), te skenk. Noodsaaklike items • Rys, mieliemeel, stampmielies, graan en pasta. • Droë bone, lensies, geblikte vis, soja-maalvleis en melkpoeier. • Konfyt, grondboontjiebotter en ingemaakte gemengde groente. • Kookolie, sout en suiker. Diegene wat nie naby aan die sentrums woon nie, kan aanlyn ’n skenking maak op www.foodforwardsa.org. Vir so min as R35 per maand kan jy een persoon per maand voer en vir R400 kan jy etes vir ’n jaar voorsien. Vir meer inligting oor FoodForward SA, besoek hul webwerf, Facebookblad (FoodForward SA) of volg hulle op Twitter (@FoodForwardSA). As jy graag ’n kos-stasie wil hou, kontak 021 531 5670 of stuur ’n e-pos aan [email protected].
http://www.rooirose.co.za/wereldkosdag-voer-n-honger-magie/
2016-10-06 14:53:03
Honde: ons beste vriende
Ons beste vriende ’n Hond word nie verniet die mens se beste vriend genoem nie. Honde is die eerste wilde dierspesie wat deur die mens mak gemaak is. Wetenskaplikes reken hierdie proses het tussen 15 000 en 20 000 jaar gelede begin toe wolwe om menslike nedersettings begin aas het. Vandag is daar tussen 350 en 400 verskillende honderasse. Navorsingsresultate het nou bewys wat hondeliefhebbers lankal weet: honde kan empatie betoon, gesigsuitdrukkings lees, jaloesie kommunikeer én kyk selfs graag televisie. Honde het hierdie karaktertrekke, wat dikwels dié van mense weerspieël, aangeleer “deur ons dop te hou, met ons klaar te kom en ons te verdra”, sê Laurie Santos, die direkteur van die Yale Comparative Cognition Laboratory. ‘As om ’n siel te hê beteken om liefde en lojaliteit en dankbaarheid te voel, is diere beter as party mense daaraan toe’ – James Herriot ’n Eksperiment waaraan 54 honde deelgeneem het, het bewys dat honde mense ignoreer wat hulle meen lelik met hul eienaars was. In nog ’n studie het navorsers aan die Institute of Cognitive Sciences and Technology in Rome bevind dat honde selfs gaap wanneer hul eienaars gaap. (En moenie dink ’n hond laat hom sommer flous met ’n nagemaakte gaap nie!) Ongelukkig (of gelukkig) het honde nie ’n noemenswaardige langtermyngeheue nie. Jou hond onthou nie spesifieke gebeurtenisse vir langer as twee tot vyf minute nie, maar danksy ’n sterk oorlewingsinstink, ontwikkel ’n assosiatiewe geheue. Dus, hy gaan weet waar is sy kosbak om te keer dat hy doodgaan van honger, en hy gaan weet dat hy nie in die huis moet mors nie, want anders gaan jy raas.
http://www.rooirose.co.za/honde-ons-beste-vriende/
2016-10-21 11:37:45
The Great SA Bake Off: Seisoen 2
Elke gesoute Suid-Afrikaner ken die verskil tussen ’n koesister en ’n koeksister. Bekende gebak soos melktert, mosbolletjies, vlaskywe en piesangbrood is eie aan die Suid-Afrikaanse kultuur. Dit is moontlik die rede waarom die gewilde Britse kookprogram, The Great British Bake Off, se Suid-Afrikaanse suster (The Great South African Bake Off), so gewild was tydens die eerste seisoen. Vanjaar, op 18 Oktober 2016, skop seisoen 2 op BBC Lifestyle af en ons kan nie wag nie! Seisoen 1 was in 2015 die beste reeks op BBC Lifestyle én dit het Sosiale Media oorheers. Elke episode het ge-“trend” op Suid-Afrikaanse Twitter. Seisoen 2 beloof om net so gewild te wees met ’n splinternuwe mede-aanbieder wat by die span aansluit. Lentswe Bhengu, ’n opgeleide sjef, sal saam met die gewilde aanbieder Anne Hirsch, asook die beoordelaars Shirley Guy en Tjaart Walraven verantwoordelik wees vir die reeks se “voor-die-skerms” vermaak. Lees ook: Anne Hirsch is ernstig oor snaaks wees. Ons kan nie wag dat die nuwe seisoen afskop nie. The Great South African Bake Off begin op 18 Oktober 2016 op BBC Lifestyle (DStv Kanaal 174). Kyk hier na die voorskou:
http://www.rooirose.co.za/great-sa-bake-off-seisoen-2/
2016-10-14 11:12:38
Belê in ’n goeie handsak
5 wenke om ’n goeie handsak te kies 1 Belê in die beste opsie wat jy kan bekostig In teenstelling met ’n rok wat ’n modestelling maak en wat waarskynlik net een keer gedra gaan word, kan ’n belegging-handsak vir verskeie geleenthede gebruik word en selfs na ’n volgende geslag oorgedra word. 2 Kies leer Leer is een van die min dinge in die lewe wat beter raak met ouderdom. Dit bly in jou kas en ontwikkel sy eie karakter met tyd. Leer is ook ’n organiese produk wat oor eienskappe soos buigsaamheid en duursaamheid beskik. Hoogs gekwalifiseerde leervakmanne verstaan dat elke stuk leer met sorg hanteer moet word, en daarom spesiale aandag skenk aan elke stap van die vervaardigingsproses – as resultaat sal dit weerspieël in die gehalte van die leersak. 3 Hoe om ’n duursame sak te identifiseer Die proses om ’n duursame handsak te identifiseer kan soms uitdagend wees, daarom deel die kenners ’n paar handige wenke om te oorweeg: • ’n Duursame handsak sal ’n goeie gehalte-voering hê wat voorsiening maak vir die feit dat die meeste vroue “alles-behalwe-die-kombuis-opwasbak” in hul handsak pak. ’n Groter voering is minder geneig om uitgewerk te raak. Soliede en reguit stiksels moet ’n duursame garingdraad bevat – die spasiëring tussen die steke is ’n goeie aanduiding en hoe nader aan mekaar, hoe beter. Bestudeer die handsak noukeurig om te verseker dat dit versterkingstiksels bevat op die dele van die sak wat die meeste “straf” gaan moet verduur. • Goeie gehalte ritssluiters – een van die belangrikste komponente van ’n duursame handsak. Die meeste ritssluiters is geneig om mee te gee wanneer die materiaal aan die kante van die ritssluiter deurgewerk is. Daarom is ’n geharde ritsbandmateriaal met ’n egalige rits-funksie die beste oplossing. • Alle metaalkomponente moet deeglik vasgestik wees en ook die geskikte grootte wees vir die dra-kapasiteit en gewig van die sak. Hierdie is ’n belangrike aspek om in ag te neem aangesien alledaagse gebruik die metaalkomponente op die proef gaan stel. • Die handvatsels is gewoonlik die eerste indruk wat jy van ’n handsak kry en die toets is of dit ’n goeie indruk maak. Die handvatsel moet gemaklik voel in jou hand – nie te groot nie, maar ook nie te dun nie. Dikwels pas die een handvatsel onder die ander een, wat spesifiek so ontwerp is vir gemak. 4 Kies die kleur en styl noukeurig Helder kleure en flambojante sakke is opwindend en kan jou voorkoms meer beklemtoon, maar kan later jou uitrustings beperk soos wat mode met tyd verander. Oorweeg neutrale kleure soos swart, bruin of donker grys om die meeste nut uit jou handsak te kry. 5 Hou dit eenvoudig Subtiele modes sal die toets van tyd gemaklik deurstaan en is gewoonlik baie meer sjiek en elegant. Eenvoudige ontwerpe wat nie oormatige handelsmerk-elemente bevat nie, verteenwoordig styl en klas, en sal veel langer mooi bly.
http://www.rooirose.co.za/bele-n-goeie-handsak/
2016-10-21 11:24:55
Zita Pretorius: die sangeres met die klassieke stem
Op 14 Oktober 2016 het Zita Pretorius die Atterbury-teater in Pretoria in vervoering gehad met haar ongelooflike talent. Die musiek-aand het oor ’n wye reeks genres gestrek en het onder meer Afrikaanse verwerkings van klassieke meesters soos Schubart ingesluit. Een van die hoogtepunte van die aand was die Jazz-legende David Cousins wat saam met haar op die verhoog verskyn het. Zita is natuurlik ook bekend vir haar styl en ontwerper Johan Botha het gesorg vir drie ongelooflike rokke wat Zita soos ’n ware prinses laat lyk het. Zita is nie net ’n bekwame sangeres nie, sy ken ook haar instrumente, onder meer die klavier. Sy is lid van die Gauteng Opera-ensemble waar sy gereeld gesien kan word in ’n verskeidenheid opera-uitvoerings. Haar repertiore het ook bekende Andrew Lloyd Webber werke soos Phantom of the Opera ingesluit. Eddie Clayton, die konsertmeester van bekende produksies soos Classics is Groot, was verantwoordek vir die musikale verwerkings. Bekende musiek soos This Is The Moment van Jeckyl and Hyde, Don’t Cry For Me Argentina en ’n meesleurende Keltics-weergawe van Sting se Fields of Gold, was onder meer deel van die vertoning. Zita het tydens Zita Goes Classics ook haar splinternuwe enkelsnit, Wie Weet Wat Liefde Is vir die eerste keer met haar aanhangers gedeel. Zita Goes Classics sal van vroeg 2017 regoor Suid-Afrika aangebied word. Vir meer inligting hieroor, besoek gerus Zita se Facebookblad.
http://www.rooirose.co.za/zita-pretorius-die-sangeres-met-die-klassieke-stem/
2016-10-19 11:21:09
19 oorsake van ’n paniekaanval
’n Paniekaanval kan enige persoon tref. Mense wat al geleer het hoe om hierdie oorweldigende angs te hanteer, sê dit help om te weet wat dit is wat paniek by jou sneller. As jy verstaan wat aan die gebeur is, kan jy jouself daardeur praat en só jouself help om ’n paniekaanval te hanteer. Hier is ’n lys van die algemeenste oorsake van ’n paniekaanval. Oorsake van ’n paniekaanval 1 Te veel koffie of kafeïen Kafeïen veroorsaak nie paniekaanvalle nie, maar dit kan angsaanvalle sneller by mense wat sensitief is. As jy regtig van koffie hou, probeer kitskoffie soos Ricoffy. 2 Tee Engelse tee bevat ook kafeïen. Rooibos en heuningbostee is veilig. 3 Sjokolade Kyk op die etiket. Party soorte bevat verbasend baie kafeïen. 4 Energiedrankies Daardie sport- en wakkerbly-drankies laat jou op kafeïen loop. 5 Energie-aanvullers met guarana Al is guarana ‘natuurlik’ bevat dit twee keer meer kafeïen as koffiebone. 6 Te veel suiker Suiker veroorsaak nie paniekaanvalle nie, maar dit kan paniekaanvalle vererger. Die WGO sê 4-5 teelepels suiker per dag is veilig en gesond, maar meer as dit is nie noodwendig vir almal gesond nie. 7 Stres Stres is nie vir ons almal dieselfde nie. Vir party is dit te veel werk, vir ander word stres geskep deur hulpeloosheid en die gevoel dat jy nie in beheer is nie. Dit is te verstane dat groot krisisse ons kan vang, maar soms is dit ’n klein dingetjie wat die laaste strooi is. Moet dus nie ‘klein’ gebeure as niks afmaak nie. 8 Te min slaap Omdat jy jou liggaam onder stres plaas, en stres ook angs sneller. 9 Te min oefening Oefening is ’n uitstekende stresontlader. 10 Dagga Tot 30% van mense wat dagga gebruik, ervaar met tye angsaanvalle. 11 Kodeïenpynpille Net soos dwelms het dit ’n effek op die brein, wat veral sneller as die pil begin uitwerk. 12 Efedrien (Ephedrine) Baie medikasies vir verkoue en asma, en veral ‘natuurlike’ medisynes, bevat efedrien. 13 Die Pil en ander hormoonbehandelings Jy kan meer geneig wees tot paniekaanvalle in die stadiums dat jou hormoonvlakke wissel, soos met puberteit, tydens swangerskap en menopouse en perimenopouse. Medikasie hiervoor, soos die Pil en hormoonvervanging, kan dus ook by sommige mense angs sneller. 14 Medikasie ’n Hele aantal pille sneller angs by sommige mense, onder ander sekere medisynes vir asma, bloeddruk, antidepressante, slaappille en kalmeermiddels. Vra jou apteker om na te gaan of jou medikasie jou angs sou kon sneller. 15 Verkoue-medikasie en hoesstrope Baie daarvan bevat kodeïen en/of efedrien. 16 Situasies Baie mense vind dat sekere situasies – veral dié wat vantevore angs by hulle ontlok het – ’n volwaardige paniekaanval kan sneller. As jy een keer amper verdrink het, is die kanse goed dat jy elke keer as jy in die see swem, dieselfde paniek sal ervaar. 17 Sterk emosionele stres Baie mense vind dat ’n traumatiese ervaring soos egskeiding of om na ’n koshuis te gaan as jy ’n kind is, paniekaanvalle sneller. 18 Lewensgebeure Troumatiese gebeure soos egskeiding, verhuising, as iemand na aan jou sterf, ’n nuwe werk, afdanking, ernstige finansiële probleme en so meer. 19 Na afloop van stres Party mense vind dat hulle sterk en kalm in ’n stresvolle situasie is, maar sodra die situasie ontlont is en al die drama verby is, slaan paniek toe. Lees ook: Waarom slaap jy sleg? Lees Ses slaapprobleme, ses oplossings
http://www.rooirose.co.za/19-oorsake-van-n-paniekaanval/
2016-10-03 17:17:38
Plantsakkies vir elke geleentheid
Plantsakkies kan gebruik word vir: Geskenke Troues Tafeldekor Versiering in jou huis Partytjies Hoe maak mens dit? Sny ’n strook materiaal van 20 cm x 40 cm. Vou albei kort kante om en stik. Vou die materiaal dubbeld met twee afgewerkte kort kante op mekaar en stik die kante toe. Om die “boom”-vorm te maak, stik dwarsstiksels oor synate. Dop uit en vou boonste rant terug. Jy maak jou eie keuse van groot en vorm en pas jou uitknipsles daarvolgens aan. Vetplante werk die beste as dit kom by so sakkie. Dit hou lank. Jy kan ’n plastiek-bakkie in die sakkie sit om te voorkom dat die grond die sakkie vuil maak. Bind ’n strik om die sakkie as dit vir ’n geskenk is. Plekke waar mooi lap gekoop kan word DesignTeam Skinny Laminx Hertex Fabrics Verskeidenheid van vetplantjies Woestynrosies Spekboom Kaktus-tipe plantjies Hierdie plantjies het min water nodig en kan ook binne jou huis oorleef. Wanneer jou plante groot genoeg is, kan jy hulle in jou tuin plant en die sakkie weer vir ’n nuwe plantjie gebruik. Of die sakkie kan selfs gebruik word net vir ’n stoorplekkie in jou badkamer (oorstokkies, watte, grimering, toiletrolle, ens.)
http://www.rooirose.co.za/plantsakkies-vir-elke-geleentheid/
2016-10-31 07:52:19
Drink groentee vir Borskanker
Volgens die Nasionale Instituut van Gesondheid het diegene wat minstens een koppie groentee per dag drink, minder vlakke van urinêre estrogeen (’n bekende karsinogeen), as diegene wat nie groentee drink nie. So ook het ’n studie aan die Columbia Universiteit se Mediese Sentrum in New York getoon dat groentee-ekstrakte die groei van borskanker-gewasse onder vroue wat aan borskanker ly, kan inhibeer. Dit blyk dus duidelik te wees dat groentee beslis jou maat is wanneer dit by die geveg teen kanker kom! Maak dus seker dat wanneer jy jou groentee kies, jy elke keer die regte besluit maak. Ons geniet graag ’n koppie van Twinings se groentee. Nie net is dit van topgehalte nie, maar hulle bied ’n verskeidenheid van geure wat enige teedrinker sal aanstaan, soos: • Twinings Suiwer Groentee: ’n skoon, verfrissende smaak vir enige dag. • Twinings Groentee en Suurlemoen: die smaak van groentee word vermeng met heerlike suurlemoen vir ’n ontspannende koppie tee. • Twinings Jasmyn en Groentee: die blommegeur van die Jasmyn komplementeer die groentee vir ’n ligte, verfrissende smaak. Perfek vir die somer! • Twinings Groentee en Bosbessie: die skerp smaak van die bosbessie saam met die kwaliteit groentee sorg vir ’n heerlike, sappige smaak. • Twinings Groentee, Pynappel en Pomelo: ’n verfrissende, tropiese tee danksy die soet smake van die vrugte vermeng met die unieke groentee-aroma. Dit is ideaal vir luilekker somersdae. • Twinings Groentee, Perske en Kersie Bloeisel: ervaar ’n buitewereldse smaak met dié smaaklike geur-kombinasies. Maak jou oë toe en verbeel jou jy is in Sjina! • Twinings Groentee, Granaat, Framboos en Aarbei: ’n tee wat natuurlik soet is, met verskeie ondertone vir ’n onvergeetlike smaak-sensasie. • Twinings Groentee en Ment: ’n energieke tee wat die smaakknoppies behoorlik sal prikkel. Dit is beslis ’n goeie alternatief vir tradisionele, swart ystee.
http://www.rooirose.co.za/drink-groentee-vir-borskanker/
2016-10-31 07:44:03
Heerlike s'mores
Geskiedenis van s’mores Die Amerikaanse Girl Scouts het die eerste resep vir s’mores (some mores) in 1927 gepubliseer. S’mores het gou ’n instelling langs kampvure geword en is deesdae ook in ander gedaantes te sien. S’mores is so gewild dat die lekkerny sy eie Facebook-blad het met 1 279 750 volgelinge! Die Amerikaners hou selfs ’n nasionale s’mores-dag. Die resep Basiese benodigdhede vir die perfekte s’mores: • ’n Kampvuur • Malvalekkers (verkieslik tuisgemaak) • Stokkies • Gesmelte sjokolade en/of karamelkondensmelk • Souterige koekies soos semelkoekies. Amerikaners gebruik Graham Crackers wat nie hier te kry is nie. Maak so: Druk die malvalekkers in die stokkies en smelt oor die vuur. Werk nou vinnig: Sit die gesmelte malvalekker op ’n koekie, drup van die sjokolade oor en sit nog ’n koekie bo-op. Hap! S’mores-warmsjokolade Verhit 500 ml (2 k) melk met ’n stokkie kaneel daarin. Smelt 150 g gekapte donkersjokolade in die warm melk. Haal die kaneelstokkie uit. Gooi in 2 bekers en sit malvalekkers bo-op. Skroei die malvalekkers met ’n blaasvlam. Sit met sjokolade-semelkoekies voor. S’mores-lollies vir partytjie Druk 12 stokkies in 12 malvalekkers in. Doop die onderpunte in gesmelte sjokolade en dan in koekiekrummels. Laat set op waspapier. S’mores-melkskommel Meng 500 ml melk, 300 ml vanielje-roomys en 5 ml mentekstrak in ’n voedselverwerker tot skuimerig. Gooi in 2-3 groot glase en krummel sjokoladekoekies en gebreekte Peppermint Crisp-sjokolade in elke melkskommel. Rond met groen malvalekkers af. S’mores-lagiepodinkies Smelt 200 g witsjokolade en vou 125 ml (½ k) geklopte room daardeur wanneer afgekoel. Verdeel tussen 4 nageregglasies. Krummel 6 sjokoladesplinterkoekies en verdeel tussen die glasies, gevolg deur ’n verskeidenheid bessies. Sit laastens pienk malvalekkers bo-op en skroei die lekkers met ’n blaasvlam. Geen kampvuur nie? Pak 200 g gekapte sjokolade in ’n klein pannetjie. Skep ’n paar skeppies karamel oor die sjokolade en sit die malvalekkers bo-op. Sit onder die oondrooster tot die malvalekkers en sjokolade gesmelt is. Doop die koekies daarin en hap!
http://www.rooirose.co.za/heerlike-smores/
2016-10-04 11:56:06
Tradisionele vetkoek
Genoeg vir 10-12 • 500 g meel • 10 g (1 pakkie) kitsgis • 7 ml (1½ t) sout • 400 ml louwarm water • olie vir die bakslag 1 Gooi die meel en sout in ’n groot mengbak. Strooi die gis oor die meel. 2 Voeg die water by en meng tot ’n sagte deeg. Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie vir sowat 10 min. tot sag en glad. 3 Laat rys vir 1½ uur tot dubbel die grootte. Knie die deeg af en rol in ewe groot bolletjies uit. Sit die bolletjies op ’n meelbestrooide bakplaat en laat rys vir nog ’n halfuur. 4 Verhit die olie in ’n groot, vlakkerige kastrol. Trek die deeg lekker plat en sit een vir een in die warm olie. Druk die vetkoeke vir sowat 15 sek. met ’n gaatjieslepel onder die olie. Keer om en braai tot goudbruin. 5 Dreineer op kombuispapier. Sit voor met botter en lekker baie stroop of heuning.
http://www.rooirose.co.za/tradisionele-vetkoek/
2016-10-10 15:04:41
Boek van die maand: Offerande
Caz Coijn is terug en daar is ’n hengse klomp ongeslypte diamante in haar besit. Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haar as ’n kunshandelaar voordoen en 2 000 Euro vir dáárdie beeldjie aanbied? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê? Soos altyd skryf Paul ten eerste om te vermaak maar enigeen wat al ooit ’n bietjie dieper gekrap het, weet ook dat daar baie vlakke in haar werk is. Offerande ondersoek identiteit soos min ander. Wie is ’n Afrikaan en wie is ’n Europeër? Is dit jou velkleur, jou ouers, of jou paspoort wat dit bepaal? Caz en haar dogter gaan op soek na waar hulle vandaan kom en saam met die spannende storie is daar soveel brandende vrae. ’n Ernstige leser sal die dikke roman weer wil lees om die nuanses en die fyn webbe van die woord raak te sien. Sorg dat jy genoeg koffie het. Die boek is dik, maar jy gaan hom wil deurlees. Uitgewersprys R260 rooi rose R234
http://www.rooirose.co.za/boek-van-die-maand-offerande/
2016-10-18 12:12:03
Nuwe fliek "Jonathan" met Radioraps
Jonathan is die vervaardiger Sallas de Jager se eerste komedie. Hy is veral bekend vir periode-dramas soos Verraaiers, Roepman en meer onlangs Free State, wat regoor die wêreld tydens filmfeeste vertoon is en ook ’n paar internasionale toekennings ontvang het. Jonathan is geïnspireer deur die gewilde Internet-sensasie Radioraps. Dit is ook Rikus de Beer – die man agter die skreeusnaakse en geliefde Jonathan-karakter – se debuut op die grootskerm. “Suid-Afrikaners kan hulself regmaak vir ’n skreeusnaakse rolprent stampvol insidente wat jou nog gaan laat giggel vir weke na jy die film gesien het. Dis ’n komedie wat jou hardop sal laat lag, tesame met ’n coming-of-age storie waarby almal aanklank sal vind,” sê de Jager. Behalwe vir Rikus de Beer sluit die rolverdeling bekroonde akteurs in, soos Brümilda van Rensburg, Paul Eilers, Anel Alexander, Jacques Bessenger, Eric Nobbs, Rika Sennett, Albert Pretorius, Frank Opperman, Lizz Meiring en Beate Opperman. Jonathan word op 2 Desember 2016 in fliekteaters landwyd vrygestel. Volg Radioraps se Facebook-blad vir meer inligting. Kyk hier na die lokprent:
http://www.rooirose.co.za/nuwe-fliek-jonathan-met-radioraps/
2016-10-13 09:01:14
Damesbergfietsrydag: 31 Julie 2016
Nadat almal in vier groepe verdeel is, het die instrukteurs oorgeneem. Elke groep het een vaardigheid vir 30 minute gedoen en dan oorgeskuif na die volgende een. Danksy die heerlike High5 Zero-waterstasie kon almal tussen die harde werk vinnig draf om hul bottels vol te maak met hierdie lekker sportdrankie wat al die elektroliete bevat maar geen suiker nie. Duiselingwekkende afdraende, steil opdraende, smal balke en “berms” was na die oggend vir niemand meer ’n vreemdheid nie. Daar was wel nou en dan benoude oomblikke, maar almal was agterna verras met wat hulle reggekry het. “Ek sou nooit voorheen so iets probeer het nie”, het menige dames agterna met trots vertel. Hoewel die vaardigheidsvlakke van die vroue uiteenlopend was, het almal iets geleer en hope pret gehad. Ouderdomme het gewissel van 15 tot 60 jaar en die instrukteurs was beïndruk met die vasberadenheid en deursettingsvermoë van dié spannetjie dapper vroue! Daar was ook ’n kompetisie agterna vir die ryer wat die skerpste draai kon baasraak. Die gelukkige wenner se prys, ter waarde van R2 677,50, was ’n drie maande kontrak by Power Performance Centre waar jy op ’n Watt Bike oefen. Twee vroue het elkeeen ’n fietsrybril ter waarde van R3 000 van Adidas gewen en een ’n Uvex-fietryhelm ter waarde van R2 000. Elke deelnemer het pragtige Fox-handskoene (R379) en ’n Uvex-fietsrybril (R399) gekry. Agterna het almal sop, kaas en brood saam met wyne van Glen Carlou geniet. Kyk hier na foto’s van die dag:
http://www.rooirose.co.za/damesbergfietsrydag-31-julie-2016/
2016-10-13 12:06:22
Blog: met deernis en dankbaarheid
Ek luister hulle so. Dié wat kerm, kla, sug en steun. Want volgende week begin die vierde kwartaal: besige kinders, besiger ma’s, besigste huishoudings … Dagboeke, lysies, spertye – op die yskas, langs die bed. Dis daardie tyd van die jaar – twaalf weke dan is dit Kersfees. Twaalf weke waarin daar ’n hele jaar se werk moet klaar. Twaalf weke dan is 2016 net nóg ’n jaar. Twaalf weke … In dié harwar blink hul oë – twee vroue in my lewe. Hul lewe is een van deernis en dankbaarheid. Want dié jaar, terwyl die res van ons van skoolvakansie tot skoolvakansie oorleef, kerm, kla, sug en steun, is elke dag ’n nuwe avontuur. ’n Dag waarop hul al jare wag; ’n dag waarop hul die kinders in hul huis stywer vashou, lief en liewer het. ’n Dag waarop hul mekaar leer ken. ’n Dag waarop ander se kinders hulle s’n word. Want dié jaar, in 2016, het hul droom om ’n kind ’n huis en hawe te gee ’n werklikheid geword. Ter wille van hulle en hul kinders kan ek nie te veel sê nie. Wat ek wel wil sê, is dat ek in bewondering kyk en luister. Hoe natuurlik die lewe aangaan, hoe die basiese die belangrikste word. ’n Skoon lyfie, die regte kos, ’n warm bed, ’n roetine, elke dag se daar wees, ’n Mamma en Pappa wat my Mamma en Pappa is. Liefde, en dit in oorvloed. Vir altyd. Deernis en dankbaarheid. Dan luister ek na myself, en soms na die ma’s om my heen. Skaam jou, tik ek myself oor die vingers as ek die dagboek beloer, kyk hoe my kinders se lewens rigting kry en in die proses my eie lewe uitdaag om ’n tweede, derde en selfs vierde plek in te neem. Ek kry skaam oor my seun wat so graag met my wil praat dat hy sy vraag op ’n wit bord skryf en voor my hou terwyl ek die soveelste na-ure oproep van die kantoor beantwoord sonder om hom ’n kans te gee om te vra wat hy so graag wil vra. Ek betrap myself dat ek aan ander goed dink as my dogter opgewonde ’n nuwe haarstyl kom wys wat sy met haar sewejarige vingertjies op Barbie se kop bewerk het. Waar’s die deernis en dankbaarheid? Dis daar, dink ek later tussen slaap en wakker as ek eindelik tot stilstand kom in die bed waaroor ek al van vroegmiddag af droom. Dis daar. Belowe dan vir myself: Twaalf weke dan is dit Kersfees. Dié jaar gaan ek lysieloos leef. Minder dae en ure tel. Probeer rek wat ek kan rek om volsinne met my kinders te praat. Omdat ek hulle van kleintyd af het. Met deernis, en dankbaarheid. Tot ons weer gesels, Marí
http://www.rooirose.co.za/blog-met-deernis-en-dankbaarheid/
2016-10-10 15:33:02
Arbeidsterapie en Downsindroom
In Suid-Afrika kom Downsindroom in sowat een uit 770 geboortes voor, of een tot drie keer in elke 1 000 geboortes. Dit het dieselfde voorkoms onder alle rasse en ekonomiese groepe. Hierdie multistelsel chromosoomafwyking word as die grootste genetiese oorsaak van intellektuele gestremheid beskou. Downsindroom is nie ’n siekte of ’n mediese kondisie nie. Dis onvanpas om te sê iemand is ’n Downsindroomlyer of “ly aan” Downsindroom. Praat eerder van iemand mét Downsindroom, want Downsindroom verg nie behandeling nie en kan ook nie voorkom word soos sommige siektes nie. Dit kan op die oomblik nie genees word nie. Dit help as … Daar kan wel baie gedoen word om ’n baba met Downsindroom te ondersteun en met die talle uitdagings te help: Vroeë verwysing na mediese kenners word aangemoedig sodat komplikasies (hart-, gehoor- en sigafwykings) geïdentifiseer kan word. Doeltreffende vroeë intervensie bestaan daaruit om “net die regte” uitdaging aan ’n kind met Downsindroom te stel om die nodige ontwikkelingsvaardighede te bevorder en te verbeter. Wat vroeë intervensie betref, is die sleutel tot sukses goeie samewerking tussen die arbeidsterapeut, ouers en versorgers tuis of waar daar ookal na die kind omgesien word. ’n Sinvolle stimulasieprogram Die gebruik van stimulasieprogramme soos die Developmental Resource Stimulation Programme (DRSP) vir kinders met Downsindroom jonger as 42 maande dra daartoe by dat hulle hul volle potensiaal bereik. Die Developmental Resource Stimulation Programme is ’n vroeë intervensie-arbeidsterapieprogram wat spesiaal vir kinders met Downsindroom ontwerp is. Dis ’n unieke, ouer-kindspesifieke, een tot een, geïntegreerde program. Hierdie program is ontwerp om die kind se ontwikkeling te stimuleer en verg die aktiewe deelname van die ouer wat by die huis relevante DRSP-aktiwiteite met hul kind uitvoer. Dit sluit ’n aktiwiteitshandboek in sowel as ’n aktiwiteits-kit bestaande uit drie drinkbekers, vier teelepels en ’n waslap. Vir die kind om hierdie vaardighede te bemeester, moet die arbeidsterapeut betrokke wees by die intervensieproses en alle betrokkenes moet op die proses inkoop en saamwerk. Die noue samewerking en betrokkenheid van die arbeidsterapeut bemagtig die ouers van kinders met Downsindroom. Aktiewe deelname aan die DRSP-program deur die baba met Downsindroom en sy of haar ouers het ’n positiewe uitwerking op die kind se algehele ontwikkeling. Bron: OTASA (Occupational Therapy Therapy Association of South Africa). Meer inligting by www.otasa.co.za
http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-en-downsindroom/
2016-10-04 15:55:58
Sonate, hoofstuk 6
Die bejaarde vrou sit op haar bed. Sy hou haar kop in haar hande vas. Sy wieg vorentoe en agtertoe en prewel deurmekaar. Haar versorger kom in. “En nou? Tannie? Hoe is ons weer so deurmekaar vanoggend?” Die ouer vrou wieg steeds. “Die mense het my uitgejou, Emma! By my konsert. Hulle het gejou!” Emma gaan sit langs Ansa. “Dis nou verby, Tannie. Lankal.” “Maar ek hoor hulle nog, Emma. Hoor jy hulle nie?” Emma streel oor Ansa se hare. “Tannie sal weer ok wees. Tannie raak mos altyd weer beter?” “Nee, my kind. Ek raak al hoe minder beter.” Emma gooi water in ’n glas en hou ’n tablet na Ansa uit. “Tannie moet ophou om oor die goed te praat.” “Ek moet. Voor ek vergeet.” “Hoekom wil Tannie dit onthou? Al die goed?” Ansatjie, dan onthou ek wie ek is.” *** Die ma en haar volwasse dogter staan voor die kerk. Die laaste klanke van die kerkorrel is nog hoorbaar. “Wag hier vir my, Mamma kom nou, ek moet net gou reël vir die teeskink in die kerksaal.” Die dogter stap weg van die mense wat voor die kerk saamdrom. Haar ma stap saam. “Ek sien nie kans vir die teedrinkery nie, ek wag buite vir Mamma.” Die ma stap na die kerksaal. Die dogter wag alleen. ’n Ouer man stap nader. “O hier is jy Ansa, ek is so bly jy was in die kerk. Almal van ons was so bekommerd oor jou.” Die vrou beweeg weg van die ouer man. “En hier is die gawe oom Stan ook! Steunpilaar van die gemeente. Ek dog jy het lankal afgetree.” Die man tree weer nader aan die vrou. “Kom nou. Ons was geskok … bekommerd oor jou.” Die vrou lag half histeries. “Ag asseblief, los tog die pretensie ou man, hier is niemand voor wie jy ’n show hoef te gooi nie. Dis net ek en jy. Jy weet? Soos van ouds. Ons tweetjies alleen?” “Ansatjie … Jou ma het gesê jy raak soms nog deurmekaar.” Die vrou lag weer. “O nee, my liewe Oom Stan. My kop was nog nooit so helder soos nou nie.” Sy begin wegstap. Die man stap saam. “Kindjie, ek sal nie ophou bid dat jy beter word nie.” “Ek glo jy bid, Oom Stan, ek glo dit. Jy bid.” Die man stap weg. Die vrou staan ’n rukkie vir haar ma en wag. “Ek het jou netnou met oom Stan sien praat?” “Ja, Ma, Oom Stanley. ‘Laat die kindertjies na my toe kom, verhinder hulle nie.’” Die ma neem haar dogter aan die arm en begin in die rigting van die pastorie stap. “Wanneer gaan jy ophou, my kind?” “Die dag as jy my glo.” “My kind, ek weet nie meer wat om te glo nie.” Die dogter gaan staan stil. Sy kyk uitdagend na haar ma. “Nee, jy weet wat om nie te glo nie.” Die ma neem albei haar dogter se hande. “Van kleins af. Jou verbeelding. Pappa was bekommerd, maar ek het altyd gesê, los die kind. Sy leef in haar fantasiewêreld.” “Ag Ma, almal weet mos ek is mal … van kleins af.” “Ek moes na Pappa geluister het, jou toe jy nog klein was al sielkundige toe gevat het.” Die vrou lag weer half histeries. “Presies Mamma, dis presies want jy moes gedoen het!” *** Die bejaarde en haar versorger sit op ’n bankie in die tuin. “Weet jy wat, Emma? Die oplossing was eintlik maklik. Al wat ek wou gehad het, is dat my ma-hulle my moes glo. Hulle moes erken hulle weet. Hulle moes geweet het. Maar miskien was dit makliker om te glo ek ly aan psigoses. Dominee en Mevrou het ook soms die gordyne toegetrek. Dan sien mens mos nie wat jy nie wil sien nie.” Emma vou haar arms om die ouer vrou se skouers. “Ai Tannie, dis so hartseer.” “Jy weet, Emma, ek het later selfs gewonder of ek my nie dalk al die goed verbeel het nie. As genoeg mense vir jou sê jy is mal, kan jy dit begin glo.” Emma gee Ansa ’n drukkie. “Was daar niemand wat Tannie geglo het nie? In die klinieke?” “Daar was seker, ek weet nie. Ek het later net als gedoen wat hulle van my verwag. Jy weet. Die regte vrae beantwoord … Arme Ma. Het my selfs na ’n geloofsgeneser gesleep. Pappa mag nie daarvan geweet het nie, teen die kerk se oortuiginge. Iemand uit die Happy Clappy-kerk, jy weet. Die sektes.” Ansa lag. “My arme ma, Emma. Sy het blykbaar gedink die man gaan net vinnig vir my bid en dan is ek wonderbaarlik genees van my bose gedagtes.” “En, het dit Tannie gehelp?” “Vir die eerste keer het ek gevoel iemand luister. Hy het begin bid en toe praat God met hom. Ek kon Sy teenwoordigheid aanvoel. Ek het gebewe, gehuil. God het vir die man gesê ek moenie bevrees wees nie. Hy sien die onreg. Maar, Mamma het gesê dit was ’n fout om na die man te gaan en dat hy my kop net verder deurmekaar gekrap het.” *** Die ma en haar dogter sit in ’n motor. Hulle stry. “Dit was dan Mamma se idee!” “Ansa, die man praat twak, dis nie ons kerk se mense nie.” “O, Mamma wou vooraf die antwoorde bepaal? Mamma wou hê die man moet my met gebed verander soos julle my wil hê! Julle wou altyd die volmaakte dogter gehad het. Toe trek God julle ’n streep!” “Moet dit nie sê nie! Jy is ons kind. Ons het jou lief!” Die dogter maak die kar se deur oop en klim uit. Sy gil op haar ma. “Mamma, jy het my nooit lief genoeg gehad om my te glo nie!” *** Die versorger klop saggies aan die bejaarde vrou se deur. Sy gaan in. “Matrone sê Tannie het ’n slegte nag gehad?” Die bejaarde vrou staan op van die bed. “Help my, Emma, ek moet by die klavier kom. Ek moet nog baie oefen.” “Waarvoor Tannie?” Ansa beduie heftig met haar hande. “Dis julle wat my program so volgemaak het! Dit gaan mos vir julle net oor geld! My hele lewe is deurmekaar. Konserte, toere, konserte. Nee, ek moet hier uit! Ek bly nie langer in hierdie hotelkamer nie! Dit versmoor my!” Emma probeer die ouer vrou kalmeer. “Kalm nou my tannie, ek is hier.” “Het jy my uitrustings gebring? Sal ek die rooi rok vanaand aantrek. Ek het dit laas in Wenen gedra.” Emma lei haar na haar bed en maak haar gemaklik. “Die rooie sal mooi lyk, Tannie, rus nou eers voor die konsert.”
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-6/
2016-10-20 15:29:23
Bob Dylan wen Nobelprys vir Letterkunde
Bob Dylan (75) het die Nobelprys vir Letterkunde vir 2016 gewen. Hy is die eerste musikant om hierdie gesogte prys te wen en staan nou in die geselskap van groot name soos T. S. Eliot, Gabriel García Márquez, Toni Morrison en Samuel Beckett. Die keuse het gemengde reaksies ontlok. Die prys, wat deur die Sweedse Akademie toegeken word, is seker die mees radikale keuse tot op hede. Die feit dat ’n sanger soos Dylan die prys gewen het, het die grense van literatuur dramaties verander. Baie kritici wonder of musiek-lirieke dieselfde artistieke waarde as gedigte of romans besit. Die topverkoper-skrywer Jodi Picoult het onder andere op Twitter gevra: “I’m happy for Bob Dylan, #ButDoesThisMeanICanWinAGrammy?” Rabih Alameddine was ook negatief: “This is almost as silly as Winston Churchill.” Maar daar was ook positiewe reaksies. Gesogte skrywers soos Stephen King, Joyce Carol Oates en Salman Rushdie het Dylan geloof deur hom die briljante erfgenaam van die barde-tradisie te noem. The New York Times noem Dylan ook “the poet laureate of the rock era.”
http://www.rooirose.co.za/bob-dylan-wen-nobelprys-vir-letterkunde/
2016-10-14 09:44:14
Sonate, hoofstuk 4
Die ou vrou sit by die klavier. Sy tokkel die kinderliedjie Siembamba met een vinger. Haar versorger sit op ’n rusbank naby haar. Sy blaai deur ’n tydskrif. Die ou vrou staan op en gaan sit langs die versorger. Hulle blaai saam deur die tydskrif. “Kyk net die mooi bruid, Emmatjie. Pragtig, né?” Sy streel met haar vingers oor die foto. “Sjoe, Tannie. Ek wens my lyf het so ’n dun middeltjie gehad. Kyk net die oop rug. Mens moet darem vreeslik maer wees om jou rug so kaal te los.” Hulle blaai deur die boek. “My pa sou nooit toegelaat het dat ’n bruid so half kaal in sy kerk trou nie, Emma. Die pastorie was langs die kerk. Ek het baie Saterdae op die kerk se galery gaan wegkruip en geloer hoe my pa die mense trou. Die paartjie moes my pa altyd voor die tyd kom sien en dan het hy met hulle gepraat oor die heiligheid van die huwelik. Ek onthou dit so goed. ‘Die heiligheid van die huwelik’ en die ‘maagdelike reinheid van die bruid’. My pa het altyd daarna verwys. Hy was baie streng, my pa. Hy het maklik geweier om ’n paartjie te trou as hulle nie reg leef nie. Hy het gesê ’n bruid dra net wit as sy ’n maagd is. Net as sy nie voor God skaam hoef te wees nie.” Die ou vrou sit ’n rukkie na die foto’s van die bruide en staar. “Tannie het toe nooit getrou nie?” Die ou vrou lag sag. “Maagdelik rein? God se alsiende oog het gesien. Ek kon daardie oog oral op my voel. Ek was nie rein nie.” Emma vou haar arm om die ouer vrou se skouers. “Tannie, ek glo God het gesien wat daardie man aan Tannie gedoen het. Hy het geweet.” “Emmatjie, mens voel almal weet. Ek het gehoop my ma weet. Partykeer het ek verkies om te dink sy weet regtig nie en daarom doen sy niks daaraan nie.” “Dit was nie Tannie se skuld nie.” “Mens voel altyd skuldig, Emma. Bang dis jou skuld. Ek het gevoel ek het dit toegelaat. Dit later … geniet …” Sy begin huil. “Ek was skaam. My lyf. Dit het my verraai, Emmatjie. Tot my eie lyf het my verraai! “Tannie was net ’n kind!” Ansa huil harder. “’n Kind? Agter oom Stan se gordyne, daar was ek ’n vrou. ’n Vrou in ’n kind se lyf.” *** Die kind sit voor die klavier en speel Siembamba met een vinger. Haar ma roep van ver af. Dan kom sy ingestap. Sy skrik as sy die kind se gesig sien. “Ansa! Wat het jy aangevang! Hoe gaan ons jou gesig skoon kry!” Die kind kyk verward na haar ma. “Dis my make-up. Ek wou mooi lyk vir die musiekles. Vir oom Stan.” Die ma begin met haar voorskoot die rooi lipstif van die kind se mond afvee. “Jy is nog te klein vir grimering. Kyk hoe rooi het jy jou wange gesmeer. Hoe gaan ek dit afkry?” Die kind raak huilerig en probeer keer as haar ma haar gesig met die voorskoot vryf. “Issie, dit lyk mooi. Ek lyk mooi. Ek wil soos ’n tannie lyk.” “Jy is nog te klein om soos ’n tannie te lyk. Los die grimering, dis grootmensgoed. Waar kry jy die vreeslike rooi lipstif?” “Annine het dit vir my gebring. Ek het haar geruil vir my Fanta- yo yo.” Die ma haal haar sakdoek uit haar mou en vryf hard oor die wriemelende kind se oë. “Dit was baie stout van jou! Jy het dan so gekerm oor die klimtol? Pappa …” “Ek het Pappa in die winkel gewys watter een ek wil hê. Ek wou die Coke ene hê. Maar hy het gesê mense wat Coke drink pleeg sonde …” Die ma bekyk die rooi lipstif op haar sakdoek.” “Weet Annine se mamma dat sy die lipstif vir jou gegee het? Sjoe, dis darem baie rooi.” “As ek groot is, wil ek soos Annine se ma lyk. Sy is vreeslik mooi, né, Mamma?” Die ma lyk onthuts. “Annine se ma is goedk…. Ordentlike vroue dra nie … Ag, gaan was jou gesiggie, ons is laat. As Pappa jou so sien, is die duiwel los.” Die kind protesteer as haar ma haar aan die hand vat en badkamer toe stap. “Oom Stan sê Annine se mamma is beeldskoon. Die mooiste vrou in die dorp, sê hy.” Die ma snork verontwaardig. “Oom Stan is ’n man. Vir mans is vroue soos … Ag wat, eendag sal jy verstaan.” *** Die bejaarde vrou sit op ’n bankie in die ouetehuis se tuin. Sy neurie die liedjie Siembamba. Die versorger kom sit langs haar. “En die hartseer gesig op die sonnige middag, Tannie Ansa? Kyk net hoe mooi blom die madeliefies al.” “Het jy al gewens jy is dood, Emma?” Emma neem Ansa se hand. “Hoekom weer so morbied vandag?” Sy wys haar arms vir Emma. “Hierdie letsels op my arms. Ek wou nie meer lewe nie.” Emma vryf oor die letsels. “Dis lankal verby, Tannie is nou oukei.” Ansa begin huil. “Ek het aanhou probeer. Pille. Lemmetjies. Maar God was wreed. Hy het my elke keer teruggestuur. Ek was so kwaad vir Hom. Dit het gevoel selfs Hy wou my nie by Hom hê nie.” Emma troos haar. “Nee, Hy het Tannie gespaar. Hier is Tannie nog vandag.” “Ek het ure gebid. Die Bybel deursoek vir antwoorde. Hoe kon God dit toelaat? … laat die kindertjies na My toe kom …” Emma hou Ansa se hand vas en praat sag, paaiend. “Kom ons los die hartseer, netnou maak dit Tannie weer deurmekaar. Dis amper teetyd. Kom, ek help Tannie in.” Emma help Ansa op. Hulle stap stadig na die sitkamer. “Tee? Emma? Gaan ons tee drink? Mamma wou alles weg troos met tee. Vier suikers. Sluk, Ansa, sluk. Dan was alles vergete. Kom, my kind, kom ons gaan drink soet tee voor Pappa kom …” Die twee vroue skuifel tot by ’n rusbank. Emma help Ansa om gemaklik te sit. “Soet tee, Emma. Vier lepels suiker.” “Stroopsoet. Dan sal Tannie beter voel.” *** ’n Jong vrou in haar twintigs sit in ’n roosbedding en sing ’n kinderkoortjie: “Laat ons skyn vir Jesus met ’n helder glans, skitter soos die sterre, aan die hemeltrans, is die wêreld donker, skyn dan skyn, jy in jou klein hoekie en ek in myn …” Sy kniel tussen die rose en begin bid. “Hoor U my, my God? Dis ek, Ansa. Na al die jare weer hier tussen Ma se roosbome. Sien U my angssweet? My roosdoringkroon. Die gebed in my benoudheid? Neem hierdie beker by my verby, My Vader. My lydensweg. Dit kronkel oor die klippe. Die pad. Dis so lank. Ek is so moeg. Die lem het diep gesny, maar U het my teruggestuur. Kyk, ek bloei nog. Kan ek net aan U kleed se soom aanraak, Rabbi? Dan sal ek rein word, vir ’n bruidsrok. Kyk die klippe, My God. Dit reën om my. Hulle gooi en gooi. Hoor hoe hulle my uitjou. Hoor U? Kan U my wit was? Wit? Ek is ’n kindjie klein. Maak my hartjie rein. Ek weet U is daar. U hoor.” Haar ma kom aangestap. “Ansa? Ag nee man! Wat maak jy? Staan op uit die grond. Kyk hoe lyk jou klere nou! En die bloed op jou gesig. Haal af daardie rooskrans. Die dorings sny jou voorkop stukkend. Ai, en ek het Pappa belowe jy sal die diens bywoon. Noudat jy beter is …” “Is ek beter, Mamma? Ek het God in die tuin kom soek, Mamma. Hier by Mamma se rose. Ek het kom bid.” Die ma hou haar dogter vas. “Ai Ansa …” Die dogter druk haar gesig in haar ma se rok. “Hy luister Mamma, Hy luister as niemand anders luister nie.” Die ma vryf oor haar hare. “Moet jou kop nou nie weer deurmekaarkrap nie, my kind, jy kom nou net uit die kliniek.” “Maar dis God, Mamma, Hy weet. Hyt gesien.” Die ma maak haar los uit die dogter se omhelsing. “Ansa … Moet nou nie weer daarmee begin nie.” “Maar Mamma, dit het dit het nog nooit opgehou nie. Dit vreet aan my. Dit hou nie op nie. Ek bly vuil, ek was en was.” Die ma vroetel met die rose. Sy kyk weg van haar dogter. “Dis in jou kop, my kind, alles in jou kop.” “Ja, Mamma. In my kop en oor my lyf. Dis oral oor my lyf. Ek voel dit nog.” Die ma begin wegstap na die huis toe. “Ek bel dr. Esselen môre, ek dink hy moet jou dosis groter maak. Jy is nog nie reg nie.” Die dogter stap saam. “Nee, ek is nie reg nie. Mamma? Hoor jy my? Ek is nog nie reg nie!” Die vrou gaan staan ’n oomblik. Sy kyk na haar dogter. “Toe my kind, gaan maak reg vir kerk, hoor net daar, die orrel speel al. Oom Stan speel al. Die dogter kyk in die rigting van die kerk langs die pastorie. “Mamma, is God daar? Daar in die kerk?” Jy sal ook hou van Sonate, hoofstuk 3
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-4/
2016-10-10 15:23:18
Wen ’n romantiese aandjie van lekker lag!
Een gelukkige paartjie kan ’n romantiese aandjie uit op die 31ste Oktober WEN! Die prys sluit in: Aandete by die Protea Fire & Ice Hotel in Menlyn Eksklusiewe voorskou van “Jonathan” by Ster-Kinekor The Grove saam met uitgesoekte gaste Komplimentêre drankies na afloop van die fliek by Protea Fire & Ice Hotelverblyf vir die aand van die 31 Oktober Ontbyt die oggend van die 1ste November by Protea Fire & Ice Fire & Ice gee ook ’n komplimentêre chauffeur vir die paartjie vanaf die hotel na The Grove en sal hulle ook weer na afloop van die fliek oplaai Meer oor “Jonathan” Die bekroonde vervaardiger, skrywer en regisseur, Sallas de Jager, se jongste rolprent, JONATHAN, begin hierdie Desember landwyd in fliekteaters draai. Dit is die eerste keer dat de Jager sy hand aan komedie waag. De Jager is veral bekend vir periode-dramas soos Verraaiers, Roepman en meer onlangs, Free State, wat regoor die wêreld tydens filmfeeste vertoon is en ook ’n paar internasionale toekennings ontvang het. Jonathan is geïnspireer deur die gewilde Internet-sensasie, Jonathan van Radio Raps-faam. Dit is ook Rikus de Beer – die man agter die skreeusnaakse en geliefde Jonathan-karakter – se debuut op die grootskerm. “Suid-Afrikaners kan hulself regmaak vir ’n skreeusnaakse rolprent stampvol insidente wat jou nog gaan laat giggel vir weke na jy die film gesien het. Dis ’n komedie wat jou hardop sal laat lag, tesame met ’n coming-of-age storie waarby almal aanklank sal vind,” sê de Jager. Behalwe vir Rikus de Beer sluit die rolverdeling bekroonde akteurs in, soos Brümilda van Rensburg, Paul Eilers, Anel Alexander, Jacques Bessenger, Eric Nobbs, Rika Sennett, Albert Pretorius, Frank Opperman, Lizz Meiring en Beate Opperman. Jonathan word op 2 Desember 2016 in fliekteaters landwyd vrygestel. Volg Radioraps vir meer inligting. Beantwoord die maklike vraag onder om in aanmerking te kom vir die wonderlike prys. Sluitdatum: 24 Oktober 2016 Terme en voorwaardes Vraag: Wanneer word 'Jonathan' in fliekteaters landwyd vrygestel? Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres * Adres * Ek het die kompetisiereëls en voorwaardes gelees en verstaan * Ja Nee Third Choice Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee Third Choice
http://www.rooirose.co.za/wen-n-romantiese-aandjie-van-lekker-lag/
2016-10-13 08:42:46
Die hoe van blommetjies en bytjies
“Hoewel ek my as ’n moderne, geëmansipeerde pa beskou en ’n oop deur-beleid met my kinders het (dit staan hulle vry om met my oor enigiets te praat), bly ek steeds effe lomp as dit by seksvoorligting kom. “Miskien het ons ou Calvinistiese opvoeding met al sy taboes iets daarmee te doen. Derhalwe was die ‘blommetjies-en-bytjies’-praatjies met albei ons kinders merendeels hul ma se verantwoordelikheid. Onder deesdae se kinders is dit in elk geval nie meer so ’n vreeslike geheim waar babatjies vandaan kom nie. Die oorvloed verwysings na seks in die media – in woord en beeld – het baie met ’n vroeër geslagsbewustheid te doen, en ook die herrie rondom MIV/vigs en die opvoedingsprogramme by skole. Ek dink kinders is op ’n jong ouderdom reeds baie meer ingelig oor seks as wat ons destyds was. “Lanelle het destyds eendag besluit om vir Robert (toe so sewe of agt) die ‘Big Talk’ te gee. Toe sy die onderwerp aanroer, het hy sy oë hemelwaarts geslaan en ewe verveeld gesê: ‘Ag nee, tog net nie weer seks nie. Ek is al moeg vir seks.’ Behalwe natuurlik die seksopvoeding by die skool, was sy eerste kennismaking met die feite van die lewe ’n klassieke bron: die ouer maatjie wat jou alles vertel. Dié het weer die inligting by sy ouer boetie gekry. “Met Helena het ons gevind dat dit met meisietjies nie veel anders is nie. Sy en haar maatjies giggel tog te lekker oor die manewales van hul TV-heldinne, die nimlike mejuffroue Montana en Gomez, wat verbete kys en soen en uitmaak met hul kêrels. Nugter weet waaroor ons dogtertjies alles vir mekaar fluister … “Lanelle het haar darem al op ’n saaklike, dog sensitiewe manier verduidelik wat die basiese seksfeite behels. Ons het ook ’n baie oulike DVD aangeskaf met die naam The Human Body – ’n BBC-reeks oor die wonder van die ontstaan en verloop van die lewe. Die grafika en gegewens word uitstekend aangebied. Ek kan dit regtig aanbeveel. “Die fisieke feite van voortplanting is maar net een aspek van die groter prentjie. So ook die gevolge van onverskillige seks, soos ongewenste swangerskappe en siektes. Jy kan sulke goed op ’n feitelike manier verduidelik, en ek reken ook dis beter om dit eerder vroeër as later te doen. “Die moeilike deel, skat ek, is om die allerbelangrike emosionele komponent aan hulle tuis te bring. Jy moet hulle maar bewus maak daarvan dat seks nie bloot ’n fisieke daad is nie, maar ’n diep bevredigende, mooi en wonderlike emosionele ervaring om met iemand te deel. Op watter ouderdom hulle ryp sou wees vir so ’n gesprek, moet jy seker maar net raai – jy wil hulle nie te gou onnodig nuuskierig maak nie, maar darem ook nie so lank wag dat hulle miskien op die ou end seerkry nie. “’n Gesprek wat ek wel maklik met Robert gehad het, was die een oor ‘pasop vir los meisies’. Sy oë het gans te veel geblink na my sin, so ek hou maar duim vas. En sodra Helena oud genoeg is, gaan ek haar alles vertel wat ek weet van ‘rowwe seuns’. En vir haar ’n haelgeweer, ’n skokstok en ’n klomp botteltjies pepersproei koop … Cindy Taylor, ’n kopieskrywer van Johannesburg, sê sy het lank beplan aan wat sy alles vir haar 13-jarige dogter wou sê. Maar toe gebeur die lewe. “Toe ’n vyfjarige meisietjie sir Noel Coward eendag vra wat presies dit was wat twee parende honde aan’t doen was, het hy geantwoord: ‘Die voorste hondjie het skielik blind geword, en die agterste hondjie was gaaf genoeg om aan te bied om hom al die pad na St. Dunstan te stoot.’” “Ongelukkig het ’n ouer maatjie my kind ’n paar jaar gelede, toe sy nog net nege was, ingelig oor seks. Nie op ’n feite-van-die-lewe manier nie, maar op ’n pornografiese rolprentdraaiboek-manier, kompleet met tekeninge wat die Kama Sutra na ’n kinderboek laat lyk het. “En dit terwyl ek dinge so anders wou verduidelik wanneer die tyd reg was! Ek wou dit op die wonderlike manier doen waarop my ma dit gedoen het toe ek ’n kind was, en het selfs al twee uitstekende boeke gekoop: Robie Harris se It’s So Amazing! A Book About Eggs, Sperm, Birth, Babies and Families en It’s Perfectly Normal: A Book About Changing Bodies, Growing Up, Sex and Sexual Health. En ek wou vir haar die belangrikheid van liefde en respek verduidelik as dit by seks kom, en die waarskuwende raad gee van Philip von Munching: ‘Seuns sal jou op ’n voetstuk sit – net sodat hulle onder jou rok kan inloer.’ “Ek wou nie hê sy moes die hele seksding saamgehoop in ’n aaklige bondel kry nie. En dit boonop soos ’n klap in die gesig. Hoe sou ek nou ooit weer vir haar Engelse slaaptydstories kon lees van prinsesse en horny toads? Sy het immers nou al ’n hele ander interpretasie gehoor van die woord ‘horny’… Ek en sy het albei ’n bietjie gekroek gevoel deur die hele affêre van te gou, te veel en boonop van ’n maatjie af. “Ek is seker maar baie outyds, maar ek wou nog net ’n bietjie langer wag en haar vir net nog ’n rukkie langer ’n klein dogtertjie hou. Ek sou graag vir nog ’’n jaar of so die Noel Coward Skool van Noodleuentjies se metode wou volg, maar die skade was gedaan en ek moes vir haar die feite gegee. So, ek is biblioteek toe om een van daardie boeke te kry oor anatomie wat die lagies vel wys met die verskillende spiere, organe en skelet netjies daaronder. En toe begin ek al die korrekte woorde soos vagina en baarmoeder en die hele vroulike voortplantingsproses verduidelik. “Maar toe ek by die seksdeel kom, en die woord ‘penis’ gebruik – op Engels uitgespreek, want ons huistaal is Engels – het sy dubbel gevou van die lag. En net al harder gegiggel toe ek verduidelik dat dit nie ‘pee-ness’ gespel word nie! Nodeloos om te sê, maar ons les vir die dag was verby. “Maar nie voor ek die enigste stukkie seksopvoeding wat ek en my broers en susters ooit by my pa gekry het aan haar oorgedra het nie. Hy het ’n stukkie koerantpapier gevat, dit oor sy oop bierbotteltjie se bek gesit en die papier vinnig met sy pen se punt gesteek. Toe hou hy die papier in die lug dat ons die gat moet sien, en sê: ‘As dit eers geskeur is, kan niks dit weer heelmaak nie.’ “O ja, en toe het ek sommer ook vir haar vertel dat seuns boggertjies is. Hulle sal enigiets doen om ’n meisie uit haar broekie te kry. En as hulle dit regkry, sal hulle loop en spog daarmee. Teenoor almal. En dat dit hartseer is, maar ’n feit.”
http://www.rooirose.co.za/die-hoe-van-blommetjies-en-bytjies/
2016-10-14 13:31:54
Dekor-woordeboek
Console Hierdie tafeltjies is gewoonlik smal en word gereeld in ingangsportale gebruik. Daar is baie spasie om mandjies onder te stoor. Toile Toile de Jouy is ’n tekstiel-ontwerp wat eie is aan Frankryk. Dit is deesdae ook beskikbaar in muurpapier. Credenza Credenza beteken opdienkas in Afrikaans. Dit word gebruik vir uitstal of opdien. Pendant Dit is ’n lig wat uit die plafon hang met een gloeilamp in teenstelling met ’n kroonkandelaar met verskeie arms en ligte. Etagère Etagère is in die laat 1800’s in Frankryk ontwerp. Dit is basies oop rakke in verskillende ontwerpe. Settee Banke is basies dieselfde, gestopte meubelstukke om op te sit. ’n Settee bied sitplek vir meer as twee mense maar is slanker en meer regop. Dit is altyd gestoffeer. Chaise ’n Chaise is eintlik ’n stoel met ekstra beenlengte om uit te strek. Dit is beskikbaar met een arm of kan armloos wees. Sisal Sisal-matte word gemaak van die garingboomplant wat stewige vesel verskaf wat ook in die gebruik van tou en mandjies gebruik word. Dit is uitsonderlik duursaam. Jute Jute is baie soos sisal omdat beide uit natuurlike vesel gemaak word. Dit is die sagste van die twee maar verweer makliker. Verskaffers @Home: 0860 576 576 www.thesofacompany.co.za Fabric fusion: 011 467 4798 Weylandts: 021 914 1433 Coirtex: 021 762 2227 / 011 888 4734 Mr Price Home: 0800 212 535 Loft Living: 021 422 0088 www.tradesecret.co.za
http://www.rooirose.co.za/dekor-woordeboek/
2016-10-20 15:14:08
10 beginsels agter die Noakes-dieet
Die Noakes-dieet werk uitstekend. Maar wat van al die kritiek? En al die verwarring? Watter vette is reg? Of is vette eintlik gevaarlik? Kan jy jouself in ’n hartaanval eet omdat jy bant? Om dit makliker vir jou te maak gee ons hier die bestuursopsomming van die wetenskaplike feite waarop die Noakes-dieet gebaseer is. As jy meer oor enigeen wil weet, klik net op die skakel en lees die volledige verduideliking. 1 Vette veroorsaak nie hartkwale nie Die Noakes-dieet fokus op vette. Maar navorsing verbind nie vette aan hartkwale nie. Hartkwale word veroorsaak deur ’n oormaat van suiker en koolhidrate. Navorsing wys egter gehidrogeneerde vette en transvette (jy ken dit as harde vette), kan aan hartkwale gekoppel word. Hou dus by die goeie vette: olyfolie, kanola, botter, room, avokado’s, neute en neutolies. 2 Suiker, verfynde koolhidrate en selfs vrugte skep eetlus Hoe meer koolhidrate jy eet, hoe meer word jou eetlus geprikkel en hoe meer eet jy. In hierdie sin is dit ‘verslawend.’ 3 Die Banting/Noakes-dieet gaan nie daaroor dat almal alle koolhidrate moet uitsluit nie Party van ons is glad nie sensitief vir koolhidrate nie. Hierdie mense is rietskraal sonder dat hulle dieet. Hulle het ook nie insulienweerstandigheid, prediabetes, diabetes, metaboliese sindroom of verhoogde cholesterol nie. Met ander woorde, die normale koolhidraatdieet werk goed vir hulle. Maar die meeste van ons is sensitief vir koolhidrate: dit gooi ons eetlusbeheerstelsel heeltemal omver, sodat ons honger bly en kort-kort wil eet of peusel. As jy een van hulle is, is dit net logies dat jy oorgewig is, met veral vet om die maag. As jy nie reeds siek is nie, is jou kanse op insulienweerstandigheid, diabetes, metaboliese sindroom en hartkwale groot. Vir hierdie mense beveel die Noakes-dieet sowat 20 g – 50 g koolhidrate per dag aan. As jy gewig wil verloor, mik vir 20 g per dag. 4 Ons het glad nie koolhidrate en suiker nodig nie Die standaard aanname is dat koolhidrate one bron van brandstof en mikro-voedingstowwe soos vesel, vitamiene, minerale en anti-oksidante. Maar ons kan baie maklik vette as energiebron gebruik. Lae koolhidraat groente kan ons al die vesel, vitamiene en anti-oksidante verskaf wat ons benodig. 5 Moenie te min vette eet nie Vette is versadigend. Hulle is ook voedsaam, en goeie bronne van omega 3. Buiten dat vette ons natuurlike brandstof is, het ons brein en senuweestelsel dit ook nodig. 6 Die Noakes-dieet is ’n matige dieet Anders as wat wat baie mense glo, vra die Noakes-dieet nie kilogramme steak en ’n halfdosyn eiers nie. Jou porsies is steeds matig. Een eier tel as ’n porsie; ’n porsie vleis is so groot soos die palm van jou hand. Jy eet gewone hoeveelhede kos, en verruil net die koolhidrate vir ’n bietjie vette. 7 Jy eet wanneer jy honger is Jy het nie drie maaltye en twee happies per dag nodig nie. As jy koolhidrate genoegsaam beperk, sal jy nie elke drie uur hoef te eet nie. Jou eetlusmegansime sal korrek werk en jou laat honger voel wanneer jou liggaam krag nodig het. Jy sal dalk na twee of vier ure of eers na 12 ure wil eet. Die beginsel is dat jy eet as jy honger is, en ophou eet sodra jy net-net versadig is. 8 Die Noakes-dieet is bekostigbaar Vette is in die reël nie duur nie. Jy het in elk geval min daarvan nodig. Koolhidrate in die vorm van kitspappe, gaskoeldranke, wegneemkos, pizzas en so aan is baie duurder as vleis. Kyk net hierna: ’n Pizza kos rondom R100. ’n Tuisgemaakte pizza kos ten minste R10 vir die basis, nog R10 vir die vulsel van kaas en tamatie en nog een item. ’n Eier kos steeds onder R2. Vleis kos tussen R80 en R150 per kilogram. Een kilogram vleis is 10 porsies vleis. Selfs al berei jy jou pizza tuis voor, is ’n porsie vleis goedkoper as pizza. Hoendervleis kos maar sowat R40 per kilogram. Olyfolie kos sowat R100 per liter; kanola sowat R20 per liter en botter sowat R40 per kilogram. Jy kom met almal maklik 2-4 weke uit. 9 Die Noakes-dieet beskadig nie die niere nie Die niere kan swaarkry wanneer mense baie proteïen eet. Die Noakes-dieet is nie ’n hoëproteïen-dieet nie, aangesien jy dieselfde hoeveelheid vleis eet as op die gewone dieetkundige dieet. 10 Pasop vir ‘skinny’ of ‘diet’-produkte Dit beteken gewoonlik dat die vette weggelaat is en vervang is met suiker. Kits- en klaarbereide kosse bevat in die reël meer koolhidrate en/of ongesonde vette omdat vervaardigers albei baie goedkoper kan aankoop as wat jy kan.
http://www.rooirose.co.za/10-feite-oor-die-noakes-dieet-wat-jy-kan-glo/
2016-10-20 14:19:38
Arbeidsterapie: hoe sport jou duim kan beseer
In 1955 is ’n interessante duimbesering gediagnoseer deur ’n ortopediese chirurg genaamd CS Cambell. Sy gereelde pasiënte was die Skotse mans wat lief was vir jag, veral hase-jag. Dìe hase is gewoonlik voorberei vir ’n sappige feesmaal, maar ongelukkig teen ’n pynlike prys. Die jagters het gereeld beserings aan hul duime opgedoen wanneer hulle die haas se nekke afruk deur hul hand met ’n uitgestrekte webspasie tussen die duim en die ander vingers agter die nek van die haas te plaas. Die jagter voer dan ’n blitsige rukbeweging uit om die haas se nek te breek, min wetend dat sy gewelddadige aksie mettertyd tot ’n doktersbesoek sou lei. Dr Cambell het hierdie besering “Gamekeeper’s thumb” genoem. Die besering word gekenmerk deur ’n onstabiele duimgewrig, pyn en die onvermoë om ’n knypgreep uit te voer. Die persoon sukkel om skoenveters vas te maak en eenvoudige take uit te voer soos om ’n papier te skeur. Op ’n duidelike X-straal kan ons sien dat die duim se ulnêr kollaterale ligament geskeur of gerek is. Nie net van hase jag nie Vandag kry ons ’n soortgelyke besering, maar nie as gevolg van hase vang nie. ’n Waarskuwing vir almal wat lief is vir sneeuski: hierdie besering mag dalk oor jou pad kom! Ons noem dit “Skier’s thumb” en dit word hoofsaaklik opgedoen wanneer jy val en jou duim vasgevang word in die lissie van die skistok. Die skiër se besering verskil van dié van die haasjagters. “Gamekeeper’s thumb” word oor ’n tydperk opgedoen, en “Skier’s thumb” is ’n akute besering. Dis ook algemeen in sportsoorte soos rugby, sokker en netbal, en die atlete raak gewoonlik bewus van die besering wanneer hulle hul opponent ná die wedstryd ’n handdruk gee. Jy moet onmiddellik ’n geneesheer spreek indien jy vermoed jy het hierdie besering opgedoen. Behandeling moet binne tien dae plaasvind om te verseker dat die ligament ’n goeie kans het op herstel. Behandeling Die geneesheer bepaal die erns van die besering deur dit as ’n graad een-, twee- of drie-besering te klassifiseer. Vir graad een en graad twee beserings word die arbeidsterapeut deur die dokters gekonsulteer om ’n handspalk te maak wat die duim vir agt weke immobiliseer. Die dokter kan ook ’n K-draad in die duim sit om dit te immobiliseer. ’n Graad drie-besering gaan waarskynlik chirurgie nodig hê waartydens die ligament rekonstruksie ondergaan. Dit beteken natuurlik geen ski of hase vang vir agt weke nie! Na agt weke sal die arbeidsterapeut en die pasiënt begin met ligte en pynvrye oefeninge om die gewrig losser te maak en die spiere om die duimgewrig te versterk. Die terapeut sal die pasiënt ook betrek by aktiwiteite waar hy verskillende grepe moet uitvoer om die hand weer funksioneel te maak vir die volgende hase jag- of ski-ekspedisie. Kontak 012 362 5457, [email protected] of www.otasa.org.za vir meer inligting.
http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-hoe-sport-jou-duim-kan-beseer/
2016-10-04 11:22:21
Lucy Pretorius: as ’n veghond jou byt
Lucy (38) is besonder aantreklik, haar gelaatstrekke eweredig. ’n Hele paar koppe draai toe sy ligvoets by die restaurant instap. Net soms wanneer die lig op ’n sekere manier op haar gesig val, sien jy geringe littekens. Nege jaar gelede was sy in ’n donker gat. Ná haar Amerikaanse veghond (pit bull terrier) haar aangeval het, het sy drie maande lank in haar huis weggekruip. Dit was te pynlik wanneer mense na haar gestaar het. Die nimmereindigende verduidelikings het haar uitgeput. Sy wou nie nuwe mense ontmoet nie en het soos ’n kluisenaar begin leef. Net soos haar gesig, was haar selfvertroue ook aan flarde. Waar eens ’n neus was, was nou net ’n gapende wond. Dit sou jare duur voordat sy weer naastenby sosiaal aanvaarbaar sou lyk. Hoe op aarde gebeur dit dat jou lieflinghond met sy innemende geaardheid skielik ’n verwoede aanvaller word? “Ons was nog kinderloos toe ons die twee veghonde gekry het. Hulle het tot ’n skaars pit bull-bloedlyn behoort en ons het gereeld met hulle geskou. Ons was vreeslik lief vir die twee en hulle het selfs by ons op die bed geslaap. “Die voorval het op 2 Julie 2007 gebeur. Ek het agtergekom dat die reun, Thuso, wat ons toe al ses jaar gehad het die vorige week ietwat iesegrimmig was. Ek het daardie dag oudergewoonte met die honde gespeel en was op my knieë voor Thuso, wat op sy matjie gesit het, toe ek my man, Dewald, vra om die hondekos in die motorhuis te gaan haal. Die teef, Layla, is agter hom aan.” Sy bly ’n rukkie stil. “Toe hulle van die motorhuis af terugkom, leun die reun vorentoe en byt my skielik in die gesig. Ek dink Thuso wou by hulle uitkom en saam met hulle stap. Ek dink ook hy was jaloers op Layla. En ek was maar net in sy pad … “Ek dink tot vandag toe dit was nie moedswillig nie. Ek vermoed sy optrede kan aan instink toegeskryf word. Ek dink steeds veghonde is pragtige diere. Enige hond kan, afhangende van sy grootte en kakebeen, skade aanrig wanneer hy byt.” Wat het deur haar gedagtes geflits toe sy gebyt is? “Ek het vanweë die adrenalien aanvanklik niks gevoel nie. Ek het ook nie werklik besef wat gebeur het nie. My man was skaars twee meter van my af toe die hond my weer gryp. Hy het eers vir my nek gemik en my toe aan my regterbors gehap. Dit was gelukkig winter en ek het dik klere aangehad sodat daar nie nog beserings was nie. Toe ek skree, draai my man om en gooi Thuso met die sak hondekos om hom van my af weg te kry. As dit nie daarvoor was nie, het die hond my verskeur. Hy sou my doodgemaak het. “Die volgende oomblik was dit asof niks gebeur het nie. Toe ek orent kom, vra my man my waar my mediese fondskaart is, want ons moet hospitaal toe. Hoewel ek die bloed gesien het, het ek nie gedink dis so erg nie. “Ek het ’n handdoek gegryp en is motorhuis toe. Toe die motorhuis se lig aangaan, het ek my weerkaatsing in die motorruit gesien en vir die eerste keer besef wat gebeur het.” Sy was stom van skok toe sy besef haar neus is heeltemal afgebyt. By die naaste hospitaal kon hulle niks vir haar doen nie. “Ek het my gesig verberg sodat die ander pasiënte nie moes skrik nie. Hulle het my net ’n inspuiting vir die pyn gegee en toe begin rondbel om ’n plastiese chirurg in die hande te kry. Vergeefs. Uiteindelik was ’n Pakistanse dokter in die stad bereid om haar daardie aand om negeuur te sien. Sy is na die hoësorgafdeling toe geneem maar omdat die operasie tot sewe uur lank sou duur, kon hy haar eers die volgende dag opereer. “Die volgende oggend bring die dokter sulke dik mediese boeke en verduidelik wat hy gaan doen. Ek het gedink dit gaan sommer blitsig afgehandel word. Toe nie. “Die dokter wou weet waar my neus is, en het my man gevra om daarna te gaan soek, want hy kan niks met oorgeplante vel vir ’n nuwe neus sonder kraakbeen doen nie. “Uiteindelik het Dewald toe die neus in die gang gekry. Hy het dit in ’n Tupper-bakkie met ’n bietjie soutwater gesit en dit hospitaal toe gebring. Maar daar was niks van die kraakbeen oor nie.” Nog ’n skok het op haar gewag. Die dokter het beduie dat haar voorkop oopgesny gaan word en die vel van haar voorkop oor die gat getrek gaan word waar haar neus was. Rekonstruksie sou eers ná ses weke begin nadat nuwe bloedtoevoer vir die vel geskep is. Die dokter is terug Pakistan toe. Lucy het ’n ander plastiese chirurg gaan spreek. Die onsimpatieke man het haar een kyk gegee en gesê die Pakistanse dokter het ’n gemors van alles gemaak. “Hy het al my hoop vernietig. Ek het lus gevoel en slinger myself by my motor uit terwyl ek op die snelweg jaag.” In Desember 2008 het sy by dr. Jacques Viljoen, ’n oor-neus-en-keel-spesialis uitgekom. “Hy het my ge-fix. Dr. Johan van Wyk, ’n plastiese chirurg, het hom bygestaan.” Dit was ’n uitmergelende proses om weer “aanvaarbaar” te lyk. Kraakbeen is uit haar ore en ’n rib gehaal vir die opbouproses en ook van ’n beenbank verkry. Die rib was ná die proses onsettend pynlik. Sy lag. “Daardie oorskietkraakbeen is nog in ’n botteltjie in my yskas. Met elke operasie is die botteltjie in my tas gepak en saam hospitaal toe.” Sy was 18 keer onder die mes. Soms is sy net vir infeksie behandel. “My selfbeeld was geknou. Ek het die situasie glad nie goed hanteer nie. Dit het sewe maande geduur voordat ek ’n klein verbetering gesien het, en ses jaar voordat ek vir myself in die spieël kon kyk.” Lucy is ná drie maande terug werk toe. Sonder ’n gesigskerm. Die gat op haar gesig is toegemaak maar sy het nie ’n neus gehad nie. En as persoonlike assistent moes sy daagliks met die publiek werk. Haar destydse direkteur het ’n e-pos aan almal in die maatskappy gestuur en hulle vertel wat gebeur het. Almal het van die ramp geweet en almal het daaroor gepraat. Haar kollegas is versoek om haar ruimte te gun. “Ek het gewonder of ek ooit weer normaal gaan lyk. Almal het neuse. Of dit nou groot of klein is.” Daar was boonop probleme met die vel wat aanvanklik oorgeplant is omdat dit te kort gesny en te styf was. Dus was daar nie werklik elastisiteit nie. Toe is nog ’n stuk vel tussen haar oë vir die verdere opbouproses gebruik. Ná elke prosedure moes die vel eers genees, die steke uitgehaal word en moes sy tot vier maande lank op die volgende operasie wag. “Dit was ’n konstante gewag. En intussen moes ek met my lewe voortgaan. Ons het getrek en ek het nuwe bure gekry vir wie ek skaam was. My huwelik was onder druk, ek was depressief, het angsaanvalle gekry en gesukkel om te slaap. Min mans sou dag na dag met my kon saamleef maar my man het dit so goed hanteer. “Gelukkig het ’n wonderlike sielkun-dige, dr. Hermann Liebenberg, my deur die proses gehelp. Dit was steeds nie maklik nie. Hy kon my die vaardighede en hoop gee maar ek moes besef dit sou tydrowend wees. “My geloof het my elke dag krag gegee. Die Here het voortdurend met my gepraat en deur Sy Woord bevestig dat Hy my van binne en buite heel sou maak. En Hy het.” Vier jaar ná die voorval, op haar tiende huweliksherdenking, het Lucy onbepland swanger geraak. Dit het haar onkant betrap. Dit was ’n skok, want sy wou eers volkome herstel. Tog kan sy haar nie haar lewe sonder haar kind voorstel nie. “Die ongeluk kon soveel erger gewees het. My vyfjarige seuntjie, Liam, kon die slagoffer gewees het.” Vandag is sy gelukkig. Baie mense herken haar nie meer nie. Maar nie omdat haar gesig geskend is nie. Kyk jy na foto’s van haar wat voor die ongeluk geneem is, lyk sy nou selfs mooier. Haar neus is smaller, sy het weens stres 10 kg gewig verloor en omdat van haar donker hare byna oornag grys geword het, het sy haar hare ligter gekleur. Haar raad aan enigiemand wie se gesig geskend is, is om aan te hou hoop en bid. Niemand kan vir jou ’n tydlyn gee nie. Moenie huiwer om ’n tweede mediese mening in te win nie. En troeteldiere? Sy het ’n pragtige Siamese kat maar is nie bang vir honde nie. Sy wil vreesloos leef. “Vrees hou jou terug van groot dinge in die lewe.”
http://www.rooirose.co.za/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt/
2016-10-21 13:13:36
Zap die jakkalsies
As mens mooi gereformeerd grootgemaak is en boonop ’n skuins Calvinistiese wil-niemand-aanstoot-gee-nie klap weg het, dan het mens soms ’n bykomende hulpmiddel nodig om te keer dat alledaagse klein jakkalsies jou sorgvuldig gekultiveerde welwillendheidswingerd wegvreet. My geheime wapen is ’n verbeelding-zapper-geweer. Dis ideaal vir iemand wat ’n hele trop irritasies met een skoot wil platvee, maar eintlik nie genoeg energie-ammunisie het vir ’n volskaalse konflik nie. Vredeliewende wese wat ek is, sal ek dus met ’n hoflike, dog effe onderstebo glimlaggie oogkontak met die rower van my bon homie-oomblik maak, maar in my kop sal ’n hondsdol ruimtewese grynslaggend ’n sekure sarsie verdamp-voor-my-aangesig koeëls loslaat. As oud-joernalis wat al ’n paar grusame ongelukstonele moes besoek, en ook as ’n ma van twee, is my eerste zapper-teiken op ’n Blou Maandag in skoolverkeer gewoonlik ouers wat hulle kosbare vrag sommer so loslit of op-die-skoot in die motor vervoer. ’n Heel gesellige vroegoggend-prentjie. Maar, weet julle hoe lyk ’n tweejarige wat teen 60 km/h vanaf die agtersitplek teen ’n voorruit vasgeslinger is? Of ’n 8-jarige wat op die voorste sitplek deur ’n lugsak vermink is? Alsbehalwe ’n gesellige prentjie. So maak vas jou kinders, magtag, al ry jy “net kafee toe”. As jou kinders vrolik rondhop op die sitplek, gáán ek jou zap – vinniger as die blou manne met hulle duur paparazzi-foto’s in die pos. Dis jou plig om jou kinders te beskerm, doen dit. My tweede weeklikse teiken is gewoonlik die lewensruimte-rower. Daai soustannie wat jou sommer so via ’n volronde boesem vyf tree vorentoe help in ’n winkeltou. Tannie, my ma het my geleer dat ek “Nee!” mag roep as iemand vir my die néé-gevoel gee. Maar, hoe sal dit nou klink as ek elke 15 sekondes kliphard “Nee!” gil in die supermarktou? Die sekuriteitswag sal my minus my brood, melk en koerant mos sonder seremonie die winkel by die winkel uitmasjeer. Dan kry ek ook gereeld die borrelgomblaser. Iemand wat duidelik skool bunk vir die dag en seker sy maandelikse geskenkbewys van Chappies by die poskantoor kom haal. Maar, Ol’ Chap, as jy weer waag om ’n gomborrel in my ruimteborrel te blaas, sál ek summier die zapper inspan om die borrel oor jou nonchalante herkouende gevriet te laat bars en in jou koel jel-kuifie te laat verstrengel. Móénie in my rigting oorborrel nie. Dan het ek, effe obsessief-kompulsief as dit kom by higiëne, ook ’n broertjie – of is dit bra’tjie? – dood aan die vriendelike kasregisteroperateur wat my my kaarttransaksie wil laat beklink deur ’n balpuntpen uit haar boonste kantgoedjies te haal sodat ek op die stippellyn kan teken. Néé, néé, NÉÉ! Maar, nou sal julle eers moet wag tot die sekuriteitspersoneel my na daai uitbarsting weer toelaat in die mall voor ek julle van die res van my zapper-slagoffers kan vertel.
http://www.rooirose.co.za/zap-die-jakkalsies/
2016-10-20 12:04:22
Thuli Madonsela se toekomsplanne
Noem my sommer Thuli Advokaat Thulisile Nomkhosi Madonsela (53), ons gewilde openbare beskermer, is dalk die magtigste vrou in die land, een wat selfs die president ’n bietjie laat bewe, maar sy is beslis in die eerste plek ’n ma. Dis wat jy hoor en sien wanneer sy oor haar kinders, Wantu (27) en Wenzi (24) praat. Weg is die gereserveerdheid in haar stem, die taktvolle, diplomatiese antwoorde, die erns. Haar oë vonkel, haar stemtoon verander en sy lag spontaan. Die een oomblik is ons nog joernalis en Baie Bekende Persoon, die volgende oomblik net twee enkelma’s wat oor ons kinders gesels. “Asseblief, noem my sommer Thuli,” sê sy. Sy is al jare ’n enkelma. “Ek het gekies om nooit met hul pa te trou nie, maar ons het ’n langtermynverhouding gehad. Toe hy nog geleef het, was hy baie betrokke. Dit was beslis ’n geval van mede-ouerskap. Ná sy dood het hulle my verantwoordelikheid geword, maar familie het my darem nog altyd ondersteun. Sy het ’n boodskap vir ander enkelouers. “Fokus op wat jy het, eerder as op wat jy dalk sou hê indien jy ’n lewensmaat gehad het. Kyk na alles waarmee God jou seën, en gebruik die ruimte tussen jou en jou kinders om die beste vir hulle te doen en humanitêre waardes oor te dra. Leer hulle om die mensdom lief te hê en ’n seën eerder as ’n las vir ander te wees. Maak hulle groot om in hulself te glo en om gelukkige mense te wees. Uiteindelik is die lewe waardeloos as jy glo jy is net op aarde om te ly. Ons kan nie kies watter pyn die lewe aan ons uitdeel nie, maar ons kan kies of ons net gaan ly of nie.” Haar ouerskapfilosofie is op haar sterk Christelike geloof gegrond. “Ek glo jy moet jou kinders Christelike waardes leer. God eerste, wees lief vir jouself, wees lief vir jou naaste, moenie ander seermaak nie … Die manier waarop ek grootgemaak is, het natuurlik ook ’n invloed. My ouers was baie gemeenskapsgerigte, deernisvolle mense. Ek leer my kinders ook dat ons drie baie bevoorreg is en dat hulle dit moet gebruik om sover moontlik ander mense se lyding te keer of te beëindig.” Wantu, wat eers teologie studeer het, studeer nou politieke wetenskap. Hy gee Saterdae by ’n laerskool in Tembisa ekstra klasse vir leerders wat met wiskunde, Engels en wetenskap sukkel. Wenzi, ’n regstudent, het haar eie liefdadigheidsorganisasie. Thuli gun haar kinders die geleentheid om hul eie identiteit te hê, hul eie pad deur die lewe te kry. Sy het immers ook ervaring van die wye draaie waarop die lewe ’n mens soms neem. “Glo my, jou kinders word uiteindelik soos jy – al ontken hulle enige ooreenkomste tussen ons en hulle” Sy vertel sy het in ’n “super-gelowige huis” grootgeword waar die gesin soggens saam gebid en saans saam huisgodsdiens gehou het. Sy was ook in Christelike skole in Swaziland. As student aan die Universiteit van Swaziland het sy begin om alles in die Bybel te ondersoek. “Ek ken ’n klomp mense wat vandag ateïste is wat eers teologie studeer het. Ek het begin vrae vra oor die aard van God, hoekom Hy lyding toelaat. Weens alles wat ons onder apartheid beleef het en onder die invloed van een van my dosente het ek al meer na Marxisme geneig.” Kort voor lank was sy ’n ateïs. In haar vroeë twintigerjare was sy selfs met die Sciëntologie-beweging deurmekaar. Daarna was sy agnosties. ’n Boek van die Christen-skrywer Louise Hay, You can Heal your Life, het haar lewe verander. Sy weet nou onteenseglik haar heil en al die antwoorde op haar vrae lê by God. Haar geloof het die anker in haar baie openbare lewe en hoëprofielloopbaan geword. “My geloof gee my vreugde en vrede. Dit stel my in staat om dinge wat buite my beheer is, te laat gaan. Dit gee my ook die vaardighede om weer uit te kom by die deel van my lewe waaroor ek wel beheer het.” Haar geloof het haar ook kalm gehou toe dit bekend word dat daar ’n aanslag op haar lewe beplan word. “My lewe is in God se hande. Hy alleen sal besluit wanneer ek sterf,” verklaar sy kalm. Sy is ’n gebore sosiale aktivis. “Ek veg al vandat ek kan onthou vir maatskaplike geregtigheid, die oppergesag van die reg en menseregte. Dit sal altyd so bly, ongeag watter loopbaanrigting ek inslaan wanneer my termyn verstryk. Ons hele familie is so. My ouers was albei sosiale aktiviste, maar nie regtig polities nie. Hulle sou ongeregtighede in ons gemeenskap probeer regstel. Jy kan maar sê my ma was ’n informele maatskaplike werker, altyd besig om mense se dispute te probeer oplos en hul probleme onder die regte mense se aandag te bring.” Thuli was in haar tienerjare by die struggle betrokke, later ook by die vakbondbeweging Cosatu. Sy het eers vir ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Swaziland ingeskryf, en haar destydse sosiologiedosent, Pat McFadden, het ’n sterk sin vir sosiale geregtigheid by haar laat posvat. “Ek dink almal wat met haar te make gekry het, het polities bewus geraak. Ek het besef ek is op ’n manier my spreekwoordelike broer en suster se hoeder.” Daarna het sy regte aan Wits studeer en uiteindelik een van die opstellers van ons Grondwet geword. Sy stel nie in politiek belang nie, al is sy voor 1994 gevra om parlement toe te gaan. “Ek beskou politiek glad nie as my doel in die lewe nie. Ek wil mense help met raad, as bemiddelaar optree of mense help om hul regte uit te oefen. Myns insiens is een van die groot leemtes in ons samelewing dat mense nie weet wat hul regte is of om daarop te staan nie.” Sy glo nie aan kla nie. “Ons kan in die donker sit en kla, maar onthou, wanneer jy ’n kers aansteek, verdryf dit die donker. Daar is geen hoeveelheid donkerte wat ’n kers kan blus nie.” In onderhoude en op Twitter lyk en klink sy altyd positief maar sy erken dat daar soms moeiliker dae is. “My positiewe kant kom waarskynlik van my ma af. Sy was ’n huiswerker en my pa eers ’n arbeider en daarna ’n entrepreneur en taxi-eienaar. Ons was betreklik arm, maar aan ander standaarde gemeet, welaf. Tog, al was daar dae dat ons nie kos gehad het om te eet nie, het my ma ’n enorme kapasiteit vir vreugde gehad. Ondanks probleme op haar pad was sy nooit die klaerige soort nie. Sy het altyd gefokus op die dinge wat sy kon oplos. Maar ja, daar is beslis dae wanneer ek my moet dwing om weer te fokus.” Dinge soos die mors van staatsgeld terwyl daar mense sonder kos, water en mediese versorging is, maak haar woedend. “Sulke amptenare sal nooit hul eie geld so mors nie! As jyself vir iets moet betaal, wil jy dit mos op die goedkoopste manier doen en jy wil seker wees dit werk.” Haar simpatie lê by die slagoffers, of hulle “die wrede kant van die mensdom” ervaar het, of die traak-my-nie-agtigheid van die regering. “Ek vra myself altyd af: hoe kán mense dit aan mekaar doen? Maar dan moet ek my ook daaraan herinner dat die meerderheid van die mensdom werklik goeie mense is wat ook vir ander mense goeie dinge wil hê. Die mense wat ons samelewing ernstige skade berokken, is in die minderheid. Ons moet dit altyd onthou.” Sy is beslis daaroor dat ons nie moed oor Suid-Afrika moet verloor nie, al het ons probleme. “Ons het nog genoeg dinge wat in ons guns tel: die grondwet, die goedheid van die mensdom, die oppergesag van die reg … Die meeste mense in Suid-Afrika het die behoefte om die wense te eer van diegene wat vir ons die weg na die nuwe Suid-Afrika gebaan het en die land te laat vooruitgaan. Ons het ook die vermoë om dit te doen.” Tog beteken dit nie sy is nie krities nie. “Ek kritiseer, ja, maar ek glo ons kan nog ’n klomp kerse in hierdie land aansteek – saam met die baie wat ek reeds aangesteek sien! Lig is altyd sterker as die donker – dis net ’n kwessie van tyd voor die lig oorneem.” Wanneer haar opvolger teen die middel van Oktober haar amp as openbare beskermer oorneem, wil sy rus. Minstens ’n jaar lank. “Ek sien uit daarna. Ek sal die rus geniet maar beslis ook die adrenalien van die geveg teen korrupsie mis, en die warm gevoel wanneer jy al die Gogo Dhlaminis van die wêreld met hul probleme kan help.” Sy het nog geen vaste planne vir haar toekoms nie. “Ek wil ’n akademikus wees, weer in die regswêreld werk, beslis ’n sosiale aktivis wees. Dalk doen ek nog iets internasionaals maar aan die ander kant voel ek tog daar is nog so baie werk om hier in Suid-Afrika te doen.” Sy herhaal haar weersin in politiek. “Die Freedom Charter sê die mense sal regeer. Maar ’n mens regeer nie net deur ’n politieke amp nie, maar ook deur bewus te wees van hoe die politici ons kollektiewe hulpbronne en mag gebruik en wat daar in ons naam gedoen word. Ek sou graag wou hê dat daar ’n verenigde burgerlike beweging is wat nie aan enige politieke party verbonde is nie, wat mense in magsposisies verantwoordelik hou vir wat hulle doen en kyk of hulle hul beloftes nakom. Ons moet ophou fokus op this must fall, that must fall. Ons moet liewer kyk na wat behoort te gebeur en dit met ons grondwet en reg vergelyk. Wat moet ons doen om die verkeerde goed om ons te verander?” En die verrassendste ding wat ek in die onderhoud agtergekom het? Sy dra ’n afskrif van die grondwet in haar handsak. Elke dag. Hoe ontspan Thuli Madonsela? Haar werksdag eindig nie as sy die kantoordeur agter haar toetrek nie. Sy reis dikwels vir haar ondersoeke en is ’n gewilde spreker, ook internasionaal. ’n Werkdag van twaalf uur of langer is nie uitsonderlik nie. Hoe ontspan sy? “Ek slaap! Wanneer ek die tyd het, slaap ek van ’n Vrydagaand tot sowat twaalfuur op ’n Saterdag. Maar ek het dit lank laas gedoen. Ek slaap sowat vier uur snags – ek probeer om teen elfuur te slaap en staan weer drieuur op.” Dis haar skryftyd. Sy skryf verslae, maar werk ook aan haar eie boeke, onder meer een oor inspirerende Suid-Afrikaanse vroue. • Gebed is vir haar ’n belangrike teenvoeter vir stres, “ook deur die dag wanneer dinge verkeerd loop”. Sy mediteer ook wanneer ’n dag te dol word. “Ek probeer oefen en het tot voor die waarskuwing van ’n moontlike sluipmoordaanval, graag gaan stap. Nou oefen ek maar binnenshuis.” • Sy speel ook graag bordspeletjies, kaart en skaak met haar kinders. Sy lag toe sy verduidelik hoe hulle 30 Seconds speel. “Hulle kla ek speel dit anders as hulle! Maar ek voel ’n mens moet tog iets leer ook. Nou sê hulle ek bederf die speletjie vir hulle.” • Haar werk vereis dat sy baie moet lees maar as sy vir ontspanning kan lees, kies sy – in hierdie volgorde – koerante, aanlynartikels oor veral leierskap, of iets met ’n godsdienstige strekking, asook tydskrifte. “Dis makliker as boeke, want dis korter en my tyd is min. ’n Lekker tydskrifartikel help my om af te skakel. En ek geniet mode-artikels!” As dit kom by boeke, lees sy graag biografieë. • Sy is baie gesteld op haar voorkoms en ook op wat sy eet en drink. (In albei my onderhoude met haar het sy net ’n glas kookwater met suurlemoensap gedrink.)
http://www.rooirose.co.za/thuli-madonsela-se-toekomsplanne/
2016-10-13 12:42:12
rooi rose se Damesbergfietsrydag
Ná ’n baie suksesvolle eerste bergfietsdag vir vroue is ons reg vir die tweede een. Kom sluit op 27 November by die PwC Bike Park in Bryanston by ons aan vir ’n dag vol pret en opwinding. Die vaardige instrukteurs van die Bike Park gaan vroue touwys maak en ons almal sal vir seker iets leer. Vroue word in groepe verdeel en daar word voorsiening gemaak vir beginners sowel as die meer gevorderdes. Komaan, met hierdie vaardighede gaan jy enige bergfietsuitstappie soveel meer geniet en dit sal nooit weer nodig wees om voor ’n afdraand of bruggie van jou fiets af te spring nie. • Wanneer Sondag 27 November, 07:30 – 13:00 • Plek PwC Bike Park. Libertasstraat 1A, Bryanston. Besoek hul facebook-blad: PwC Bike Park (010 591 9273) • Koste R300. Die prys sluit koffie/tee en muffins in vir ontbyt, energiedrankies deur High5, versnaperinge agterna sowel as ’n geskenksakkie met fietsry-items. Wen ook wonderlike pryse geborg deur Versus, Uvex en Falke. • Besprekings kyk by caxtonevents.co.za vir meer inligting en hoe om te bespreek Bergfietsdag: 31 Julie 2016 Nadat almal in vier groepe verdeel is, het die instrukteurs oorgeneem. Elke groep het een vaardigheid vir 30 minute gedoen en dan oorgeskuif na die volgende een. Danksy die heerlike High5 Zero-waterstasie kon almal tussen die harde werk vinnig draf om hul bottels vol te maak met hierdie lekker sportdrankie wat al die elektroliete bevat maar geen suiker nie. Duiselingwekkende afdraende, steil opdraende, smal balke en “berms” was na die oggend vir niemand meer ’n vreemdheid nie. Daar was wel nou en dan benoude oomblikke, maar almal was agterna verras met wat hulle reggekry het. “Ek sou nooit voorheen so iets probeer het nie”, het menige dames agterna met trots vertel. Hoewel die vaardigheidsvlakke van die vroue uiteenlopend was, het almal iets geleer en hope pret gehad. Ouderdomme het gewissel van 15 tot 60 jaar en die instrukteurs was beïndruk met die vasberadenheid en deursettingsvermoë van dié spannetjie dapper vroue! Daar was ook ’n kompetisie agterna vir die ryer wat die skerpste draai kon baasraak. Die gelukkige wenner se prys, ter waarde van R2 677,50, was ’n drie maande kontrak by Power Performance Centre waar jy op ’n Watt Bike oefen. Twee vroue het elkeeen ’n fietsrybril ter waarde van R3 000 van Adidas gewen en een ’n Uvex-fietryhelm ter waarde van R2 000. Elke deelnemer het pragtige Fox-handskoene (R379) en ’n Uvex-fietsrybril (R399) gekry. Agterna het almal sop, kaas en brood saam met wyne van Glen Carlou geniet. Kyk hier na foto’s van die dag:
http://www.rooirose.co.za/rooi-rose-se-damesbergfietsrydag/
2016-10-13 12:06:22
Veteraanakteur groet die kassie
Die televisiereeks, Suidooster, se bekende Oom Fasie (gespeel deur Johan Botha) het gisteraand vir die laaste keer op die kassie verskyn. Dit kom ná Botha se besluit om as akteur af te tree. Suidooster is sedert 2015 op die lug, met Oom Fasie wat reeds vanaf die eerste episode in almal se harte gekruip het. Hoewel hy met ’n swaar hart dié stel moes verlaat, vertel Botha aan Huisgenoot dat hy sy nuutgevonde aftyd saam met sy vrou, Lida, gaan spandeer. “Vir nou beplan ons net ’n bietjie rondrits in ons nuwe (stokou) woonwaentjie en wag op nuwe aanbiedings,” het Botha gesê. Met sy aftrede spog Botha egter met ’n rits prestasies wat hy deur die loop van sy akteursloopbaan verhaal het. So ook sal televisiekykers hom onthou as Oom Koos in die sepie, Buurtwag, die Opsigter in Die Byl en Dr. Du Toit in Meeulanders. Hy het ook in die rolprente; Nommer Asseblief? – die rolprent, Die Storie van Klara Viljee, Pad na jou hart en Anderkant die stilte gespeel. Hoewel sy aftrede ’n leemte op die kassie laat, hoop ons om hom gou weer in aksie te sien!
http://www.rooirose.co.za/veteraanakteur/
2016-10-12 00:00:00
Cap Classique en Champagne-fees
Die jaarlikse “The Magic of Bubbles”, ook bekend as Franschhoek se Cap Classique en Champagne-fees, wat deur Mastercard aangebied word, vind vanjaar oor die naweek van 3 en 4 Desember by die ikoniese Hugenote-monument in Franschhoek plaas. En om so bietjie ekstra kleur en geur aan die verrigtinge te verleen, is besluit dat vanjaar se tema “Swart en Wit met Blomme” gaan wees. Die groot markiestent sal weereens daar wees vir gaste om in styl en gemak te ontspan terwyl hulle hul verlustig aan die talle plaaslike MCCs en ’n keur van die beste Franse sjampanjes. Die plaaslike Cap Classique-produsente sluit Pierre Jourdan, Morena, Môreson, La Motte, Boschendal, Colmant, Leopard’s Leap, Noble Hill, Plaisir de Merle, Anthonij Rupert Wyne, JC le Roux, Pongracz, Simonsig, Steenberg en Villiera in, terwyl Frankryk verteenwoordig sal word deur hoogs aangeskrewe handelsmerke soos Piper Heidsieck, Champagne Guy Charbaut en Veuve Clicquot. Gaste sal die hongerpyne kan stil met ’n keur van die lekkerste eetgoed uit die kombuise van plaaslike restaurante wat Franschhoek reeds deeglik gevestig het as een van die wêreld se voorste kosbestemmings. Bread & Wine, Haute Cabrière, Le Franschhoek, L’Ermitage, The Restaurant at Grande Provence en Mont Rochelle is maar net ’n paar van die restaurante wat hul spyskaarte tydens die fees ten toon sal stel. Kaartjies kos R350 per persoon en sluit in toegang tot die fees, wat elke dag van 12nm tot 5nm oop is, en ’n komplimentêre proeglas en koepons. Bykomende koepons kan by die fees gekoop word. Kinders onder 18 kry gratis toegang tot die fees. Om te bespreek, gaan na www.webtickets.co.za, maar moenie op jou louere rus nie, die kaartjies is beperk. Gebruik jou Mastercard en ontvang ’n korting van 10 persent op jou kaartjie, asook 10 persent op alle aankope by die fees!
http://www.rooirose.co.za/cap-classique-en-champagne-fees/
2016-08-06 00:00:00
Tuinmaak vir klein spasies
Tuinmaak vir klein spasies As jy nie ’n groot tuin, of spasie, vir tuinmaak het nie, wees gerus. Daar is verskeie maniere om jou eie groenigheid te skep, al is dit op jou stoepie op die 50ste verdieping van ’n gebou. Deur Greta Champion-Gericke
http://www.rooirose.co.za/tuinmaak-vir-klein-spasies/
2016-10-05 10:52:47
Sisters with Blisters protes-pretloop
Die jaarlikse Sisters with Blisters protes-pretloop, een van die grootstes van sy soort, vind vanjaar by Chris Saunders Park in Umhlanga en Montecasino in Fourways plaas. Dit skep nie alleen bewustheid rondom die kommerwekkende hoë syfers van vroue- en kindermishandeling in Suid-Afrika nie, maar noodsaak ook slagoffers, dié wat slagoffers ken en die wyer publiek om oor te gaan tot aksie daarteen. Hiermee saam samel dit ook broodnodige fondse in vir organisasies wat aktief met mishandelde vroue en kinders werk. Dit is ’n geleentheid vir die hele gesin om in hul prettigste uitrustings op te daag en die 5km-pretloop aan te durf. Selfs die honde-kinders is welkom! Umhlanga Wanneer: 20 November Waar: Chris Saunders Park Fourways Wanneer: 26 November Waar: Montecasino Kaartjies kan aanlyn gekoop word by www.sisterswithblisters.co.za.
http://www.rooirose.co.za/sisters-blisters-protes-pretloop/
2016-10-09 19:25:57
Skrywer van die maand: Corli Botha
Wanneer het jy geweet jy gaan kook vir ’n bestaan? Ek dink daar was nog altyd ’n liefde vir iets in die kombuis, my ouma Corrie was ook ’n groot invloed met haar koeke, troukoeke en gebak wat van kindertyd soos “feetjiesprinkels” op my gaan lê het en al die bakpoeier laat rys het. Ek het drie jaar gelede besluit dat daar geen rede is hoekom ek my liefde, passie en elke dag se kook- en bakgenot nie as ’n beroep kan uitleef nie. Hoe het jou tyd in Frankryk jou beïnvloed? Ek dink ’n stukkie van my hart lê nog in Frankryk. Ek het baie tyd in koswinkels en koffieplekkies deurgebring en by die huis gaan probeer wat ek met die oog gesien het. Die Franse doen met soveel gemak iets met kos en gebak wat so anders en intens is. ’n Stukkie van Frankryk het ek toe nou maar teruggebring. Ek het verlief geraak op die idee van “Frans” en kort-kort sien ek dat dit onwetend na vore kom in alles wat ek doen. Wat het Koekedoor vir jou beteken? Dit het vir my ’n ongelooflike platform gebied en my gedwing om my vlerke te sprei en kanse te waag wat ek dalk nie in normale omstandighede sou doen nie. Dit het my laat besef dat ek enigiets kan doen as ek daarop fokus. Dit het my ook laat besef dat ek, ’n doodgewone vrou, mamma en vriendin, iets het om te bied en dat ’n mens elke dag ’n verskil kan maak. Jou drome is nooit te groot nie. Is dit moeilik om ’n kookboek te skryf? Ek het deur die jare soveel uitknipsels, resepteboeke en resepte bymekaargemaak en op die proef gestel dat dit nie moeilik was om idees te kry van wat ek in ’n resepteboek sou wou hê nie. Ek het begin skryf aan maklike elkedagse geregte of happies wat enigiemand kan maak. Ek het ook ’n paar van my gunsteling-grootkoekresepte in die boek gedeel. Én ek het dit reggekry om ’n Franse baguette met Suid-Afrikaanse meel te bemeester!
http://www.rooirose.co.za/skrywer-van-die-maand-corli-botha/
2016-10-18 12:26:11
WEN kaartjies na KAMERS in Stellenbosch en Irene
WEN kaartjies na KAMERS in Stellenbosch en Irene KAMERS sal vanjaar tussen 1 en 6 November in Stellenbosch, en van 28 November tot 4 Desember in Irene plaasvind. Hierdie is die een plek wat jy eenvoudig móét besoek! Jy kan ’n stel dubbelkaartjies na een van dié twee uitstallings wen.
http://www.rooirose.co.za/wen-kaartjies-na-kamers-stellenbosch-en-irene/
2016-10-20 15:47:25
Glenshiel-Kersmark 2016
Glenshiel-Kersmark 2016 Doen hierdie Kersfees ’n goeie daad terwyl jy jou Kersinkopies doen. Help die orde van Saint John om mense in gesondheidsorg op te lei. Besoek tussen 28 en 30 Oktober 2016 die Kersfeesmark by die Glenshiel-huis in Westcliff, Johannesburg.
http://www.rooirose.co.za/glenshiel-kersmark-2016/
2016-10-20 12:58:01
Vrolike materiaal en plakpapier vir lente
Wenke vir die meng van patrone: Kies onewe getalle soos die nommer 3. Drie is die minimum getal patrone wat jy moet kombineer. Die geheim is om die skaal van die patrone in verskillende groottes te gebruik. Patroon 1 Kies die prominentste patroon versigtig omdat die ’n baie belangrike invloed op jou vertrek sal hê. Gebruik die grootste patroon ontwerp. Patroon 2 Kies ’n patroon met ’n ander ontwerp wat die helfte van die grootte van die eerste patroon is. Indien jou eerste patroon ’n groot blommotief is, is geruite of geometriese ontwerpe perfekte pasmaats. Hou in gedagte dat die kleure moet ooreenstem. Patroon 3 Die derde patroon kan ooreenstem met die ander twee patrone. Herhaal ten minste 2 of 3 kleure. ’n Fyn blom-ntwerp werk goed saam met ’n groter blom-ontwerp of weereens geruite of gestreepte materiaal. Hertex Bloomingdale (R558.60) Field trip (R355 pm) Biggie Best Artisan (vanaf R325) Biggie Best Pincushion (R595 pm) Skinny laMinx Flower fields (R595 pm) Skinny la Minx Mardi Gras (R625 pm) Stuart Graham Fabrics Cube Collection (R425 pm) Stuart Graham Fabrics Tahlia butterfly muurpapier (R1 785 per rol) Sasi Marguerite Strawberry Flowers-muurpapier (R1 500 per rol) Sasi Honolulu Palm Green by Julien-muurpapier (R899.95 per rol) Wallpaper Inn Flutterby Pearl by Julien MacDonald (R899.95 per rol) Wallpaper Inn Verskaffers www.hertex.co.za www.biggiebest.com www.skinnylaminx.com www.sasiwallpaper.co.za www.stuartgraham.co.za www.wallpaperinn.co.za
http://www.rooirose.co.za/vrolike-materiaal-en-plakpapier-vir-lente/
2016-09-04 00:00:00
Iris Apfel: die wêreld se oudste model
#Dienuwemooi het geen ouderdomsbeperking nie, en daar is nie ’n beter voorbeeld as die model Iris Apfel nie. Op 94 is Iris Apfel besiger as die meeste jonger modelle. Sy het selfs ’n dokumentêr oor haar persoonlike styl agter die rug, getitled Iris (wat 98% op die webwerf Rotten Tomatoes gekry het). Kyk die voorskou van die Iris-film hier: Iris was al in verskeie advertensie-veldtogte te sien (onder andere van bekende ontwerper Kate Spade saam met wie sy nou weer werk), en is pas aangewys as die gesig van die Amerikaanse modereeks Blue Illussion. Dit gaan selfs verder as dit: sy het pas ’n reeks bykostighede vir die Amerikaanse winkel HSM ontwerp. Kyk net hoe koel is dit! Iris sit by die meeste modeweke (van Parys tot New York), saam met al die bekende bloggers en modekenners in die bekende voorste ry. Sy het ook pas ’n veldtog saam met die Amerikaanse modewinkel Macy’s gedoen. “Om stylvol te wees, moet jy weet wie jy is” – Iris Apfel Die groot bekoring wat Iris inhou, is dat sy so skaamteloos haarself is, en haar nie aan enige reëls steur nie. Hier is een van Iris se kort video’s in die Macy’s-veldtog op Instagram. A video posted by Iris Apfel 👓💄 (@iris.apfel) on Sep 16, 2016 at 1:46am PDT Kyk net hoe gaande is almal, en veral die jonger meisies, oor haar.
http://www.rooirose.co.za/iris-apfel-die-wereld-se-oudste-model/
2016-10-05 14:46:57
La Motte se privaat-roostuin oop vir publiek
Besoekers wat by La Motte aandoen tydens die Franschhoek Open Gardens word uitgenooi om die skouspel te kom geniet van ’n swierige oudagse roostuin in die romantiese ambience van La Motte se talle historiese geboue. Een van die rose van die negentien roos-variteite wat in hierdie roostuin geplant is, is vernoem na die eienaar, die welbekende mezzo-sopraan, Hanneli Rupert. Die roostuin is geplant in die klassieke en formele styl met ’n fontein en paadjies wat omlyn is met inheemse struike en tradisionele vrugte soos kwepers, granate en vye wat weer die legendariese Pierneef à La Motte-restaurant van vars produkte voorsien. Die restaurant bied ook gedurende hierdie naweek nuwe kreatiewe gebruike van rose as ’n bestanddeel van hul spyskaart. Bosse Hanneli Rupert-rose sal by die Farm Shop op die landgoed te koop wees. Vir meer inligting kyk gerus by www.la-motte.com of skakel +27 (0)21 876 8000. Vir meer inligting oor die Franschhoek Open Gardens kyk by http://franschhoek.org.za/events/event/franschhoek-open-gardens-festival/
http://www.rooirose.co.za/la-motte-se-privaat-roostuin-oop-vir-publiek/
2016-10-19 09:32:41
Sonate, hoofstuk 7
Die bejaarde vrou sit op haar bed en blaai deur ’n plakboek. Daar is ’n stapel plakboeke langs haar op die bed. Emma kom by die kamer ingestap en gaan sit langs haar. “Ons het lanklaas deur Tannie se plakboeke geblaai. Dis so lekker om te lees van al die konserte en reise.” “Kyk net die een, Emmatjie. Dit was my laaste konsert in Londen by die Royal Albert Hall. Ek het daardie aand Schubert se Sonata No. 17 gespeel. Goeie resensies. Lees net hier: Duvenhage demonstrated breathtaking virtuosity …” Emma lees hardop verder: “… her fingers running up and down scales with impressive dexterity … Dit laat Tannie seker lekker voel om dit weer te lees? Kyk net die gehoor op die foto! Volgepak!” Ansa blaai stadig verder. “Ma het die plakboeke op datum gehou. Alles getrou uitgeknip. Behalwe nou vir die skandes. Dié het sy nie uitgeknip nie. Sien, as Ma dit nie in die boek plak nie, het dit nooit gebeur nie.” Ansa en Emma lag lekker oor die siniese stelling. “Ag Tannie, ek glo sy was trots op haar dogter.” Ansa hou op lag en lyk skielik hartseer. “As ek op die verhoog was. Dis soms al waar ek gevoel het Ma erken my bestaan. Die Ansa op die verhoog was haar dogter, nie die een in die klinieke nie.” *** ’n Pianis sit voor ’n vleuelklavier. Sy begin telkens die stuk van voor af speel. Die gehoor jou haar uit as sy foute maak. Sy hou op speel. Sy sit vir ’n ruk stil na die jouende gehoor en kyk. Dan spring sy op en hardloop van die verhoog af. Sy hardloop na haar kleedkamer en klap die deur agter haar toe. Haar ma kom met ’n drafstap die gang af. Sy hamer teen die deur tot haar dogter oopmaak. Die pianis huil en skree gelyk. “Ek wil dit nie hoor nie! Maak hulle stil! Ek is kaal … my klere … hoekom is ek kaal?” Sy trek ’n japon oor haar konsertrok aan en vou haar arms asof sy baie koud kry. Haar ma gooi die leë drankbottels wat in die aantrekkamer staan in die asblik. “Ansa! Hoe kon jy? Dronk op die verhoog!” Ansa huil steeds histeries. “Het Mamma my klere gebring? My klere is weg. Kyk, ek is kaal. Almal kyk vir my omdat ek kaal is.” “Nee, hulle staar omdat jy dronk is! Hierdie keer … Hierdie keer het jy te ver gegaan! Jy het so mooi reggekom! Jy het my en Pappa belowe!” Ansa hoor skynbaar nie haar ma se tirade nie. Sy bewe van die koue. “Dit was so koud op die verhoog, Mamma, ysig koud. Dink Mamma die mense het my gesien? Het hulle my roosknoppie gesien?” Ansa reik uit na haar ma. Die ma klap haar hande woedend weg. “Ansa, jy het te veel gedrink!” Ansa koggel haar ma. “Ek is al moeg om dit te hoor, Ma. Alewige preke: ‘Ansa, jy het te veel gedrink. Ansa, jy het te veel gedrink. Word julle nie moeg daarvan nie? Ansa, Ansa, Ansa!” Haar ma probeer haar na die rusbank lei. “Kom lê hier op die bank, ek sit by jou tot jy beter voel.” Ansa begin kermend huil. “Sal Mamma my toemaak? Die kombers styf om my vou?” Die ma vou ’n kombers om haar dogter. Sy gaan sit op die stoel langs die rusbank. “Maak nou toe jou oë en probeer slaap.” Ansa beur regop. “Mamma? Ek het nog nie gebid nie. Netnou kom Liewe Jesus in die nag. Liewe Jesus sag en teer …” *** Die bejaarde vrou staan in die donker voor die ouetehuis se klavier. Sy huil histeries. Emma en die matrone kom aangehardloop. “Tannie Ansa! Wat is fout! Wat maak Tannie die tyd van die nag by die klavier?” Emma probeer Ansa kalmeer. Maar sy gil hard. ’n Groep bejaardes versamel in die gang. “Kyk hoe brand die verdomde ding tot as! Sien jy, Emma? Die klavier brand!” “Tannie! Dis net ’n droom! Daar is nie ’n brand nie. Kom, ek neem Tannie kamer toe dan kan ons almal rustig raak.” “Nee! Hy moet brand! Sien jy die vlamme, Emma? Hy brand. Die verpestelike klavier!” Emma probeer haar weglei. “Kom, Tannie, dis koud. Ek moet Tannie kamer toe neem, stadig nou.” Matrone en helpers lei die ander bejaardes weg. Ansa gil histeries. “Laat hom brand! Laat die helse vuur hom verteer! Hoor jy dit, Emma? Hoor jy hoe speel Satan sy triomfmars op hom! Sien jy, Emma? Sien jy hoe trek hy die gordyne van die hel toe? Hy wil my daar vashou! Los my! Los my! My Mamma kom netnou. Ek weet, my Mamma gaan vandag vroeg kom!” ’n Helper bring ’n koppie tee. “Kom, neem ’n slukkie tee en sluk die pilletjie, dan voel Tannie beter.” Ansa sluk gehoorsaam. “Gaan ek, Mamma? Gaan ek beter voel?Ek is bly Mamma het gekom, ek was bang. Kan ons nou huis toe gaan, Mamma?”
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-7/
2016-10-31 09:00:29
2de plek vir kinderkoor in nasionale kompetisie
Japie Gouws, uitvoerende hoof van die ATKV wens 'n oorstelpte Jan-Erik Swart geluk met die Suid-Kaap Kinderkoor se algehele nasionale tweede plek. SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap Kinderkoor (SKKK), onder leiding van Jan-Erik Swart en begelei deur Sunette van Wyk, is in die wolke oor hulle algehele nasionale tweede plek teen 24 Suid-Afrikaanse kore in die pas afgelope ATKV Animato koorkompetisie. Volgens Swart was die mededingers in die finaal, wat in die Hugo Lambrechts Ouditorium in Kaapstad gehou is, die strafste kompetisie wat hulle nog ooit teegekom het. Die algehele wenners was die Tygerberg Kinderkoor onder leiding van Hennie Loock. Die ATKV Animato koorkompetisie word aangebied vir streeks-kinderkore, jeugkore, universiteitskore, gemeenskapskore, kamerkore en mannekore uit Suid-Afrika en Namibië. Die Animato kompetisie het vanjaar met die grootste deelname en hoogste standaard nog gespog, en die Suid-Kapenaars is trots dat hulle kort op die hakke van die Tygerberg Kinderkoor geeindig het. Hulle het vanjaar aan dié hoogaangeskrewe koorkompetisie deelgeneem met 'n koor met die jongste gemiddelde ouerdom ooit. Hierdie uitsonderlike prestasie wys dat die SKKK een van die top kultuurprodukte in die hele land is. Komposisies van die plaaslike komponis Chris Lamprecht, wat ook die kompetisie bygewoon het, is vanjaar as voorgeskrewe werke in al die afdelings gesing. Nog ‘n plaaslike komponis, Dalene Brits, se Dans van die Reën is deur die SKKK aangebied as deel van hulle program. Die 23 deelnemende kore wat deur die SKKK geklop is, is die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, die UCT Kamerkoor, die Cantare Kinderkoor (Suid-Gauteng), die Kimberley Kinderkoor, die NASCO Kinderkoor (Port Elizabeth), die Oos-Kaapse Jeugkoor, die Ad Libitum Kamerkoor (Noord-Kaap), die Kwazulu-Natal Midlands Jeugkoor, die Mpumalanga Jeugkoor, die Namakwaland Jeugkoor, die Namibiese !Ae #Gams Jeugkoor, die Con Spirito Meisieskoor van La Rochelle, die Ensemble Esprit Mannekoor (Limpopo), die VIVOX Kamerkoor (Wes-Kaap), die Frank Pietersen Gemeenskapskoor, die Kensington Chorale Meisieskoor, die Wes-Kaapse Gemeenskapskoor, die Lyrikos Gemeenskapskoor (Wes-Kaap), Marvellous Sounds (Oos-Kaap), Massive Gemeenskapskoor, (Namibië), asook die Namib Jeugkoor. Suid-Kaap kinderkoorlede sal ‘n welverdiende blaaskans geniet terwyl oudisies vir nuwe lede plaasvind en die nuwe koorlede opgelei word. Die koor beoog om aan die tiende Wêreldkoorspele, wat in 2018 in Tshwane aangebied word, deel te neem. Voornemende koorlede kan die koorbestuurder, Mimi Haasbroek by 082 585 0632 vir oudisie-afsprake skakel. Die Suid-Kaap Kinderkoor is onder die room van kinderkore in die land en het tweede plek in die nasionale ATKV Animato kompetisie behaal. 'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173983/2de-plek-vir-kinderkoor-in-nasionale-kompetisie
2016-10-07 14:00:00
‘n RSG hoorbeeld deur Darren Taylor oor minibus taxis in S.A. - geredigeer deur ds Gielie Joubert ‘n Ervare paramedikus, Ian Watson ry haastig na die toneel van ‘n padongeluk naby Johannesburg. ‘n Minibus taxi het kop-aan-kop met ‘n sedan gebots nadat die taxi aan die verkeerde kant van die pad gery het. Hy vertel; ‘A majority of the accidents that we do are taxi drivers that caused the accident. They are always overloaded…So you end up with so many injuries on the accident scene.’ Watson se kollega, Victor Vorendijk, voeg by; ‘Basically the typical minibus taxi tends to be unroadworthy. I have seen many cases where taxis drive around on what looks like racing slicks. The drivers themselves very often are in possession of fraudulent obtained permits or licences at least.’ Julian Jamojaho sê sy sal nooit ‘n sekere kruising in Johannesburg vergeet nie… Drie maande gelede was sy op pad werk toe. Die voetgangerlig het groen geword en sy het die pad probeer oorsteek. ‘n Taxi het oor die rooi lig gery en haar getref. Sy het in die lug opgetrek en die sypaadjie getref. Haar kop en gesig is vol letsels. Sy loop moeilik. Sy kan nie buk om die toilet te gebruik nie. Maar soos miljoene ander Suid-Afrikaners moet Jamojaho steeds taxis gebruik omdat dit die enigste vorm van vervoer is wat hulle kan bekostig. As ‘n paramedikus en prokureur kom Vorendijk dikwels in kontak met taxibestuurders wat in botsings betrokke is. Hy sê hulle is bykans altyd arrogant en glo dit is hulle reg om te bestuur asof die paaie aan hulle behoort. Vorendijk verduidelik; ‘Direct into uncoming traffic for four to five blocks you see them utilising turning lanes to continue straight. They would stop wherever they want which is extremely dangerous; blocking emergency vehicles… It irritates everyone but no one does a single thing about that.’ ‘Home sweet home’ lees die plakker op die agterruit van ‘n minibus taxi terwyl dit deur nog ‘n rooi verkeerslig in Johannesburg se middestad ry. Tumi Modiba is agter die stuurwiel. Hy is ‘n vrolike man met ‘n mond vol spierwit tande. Op sy blou T-hemp is die woorde “…kill them with success” geskryf in helder rooi letters. Modiba ry op sypaadjies; in bane waar busse hoort en dikwels aan die verkeerde kant van die pad. Daar is 22 mense in sy taxi. Die wettige maksimum is 16. Niemand in die taxi dra ‘n veiligheidsgordel nie. Volgens Modima het taxi operateurs geen ander keuse as om verkeerswette te oortree… Hy stel dit so; ‘Time is money. We always work under pressure my broer. There is the target from the owner. We need money as well. I have to come home with something. I cannot come home with nothing. It’s really frustrating, I’m telling you...’ Taxi bestuurders kry nie vaste salarisse nie. Hulle werk op ‘n kommissiebasis. Hoe meer passasiers hulle vervoer en hoe meer ritte hulle ry hoe meer geld betaal die taxi eienaars aan hulle. Modima moet minstens R7000 elke week maak om die eienaar van die taxi gelukkig te hou. Hy sê die lewe van ‘n taxi bestuurder is vol stress terwyl hulle ‘n stryd teen mekaar voer om hulle kwotas te maak. Dis ‘n scenario, sê Modima, wat taxi operateurs dwing om basies al die verkeerswette te verbreek. Howard Dembofsky (van die Justice Project SA) sê die minibus taxi sektor bly steeds ongereguleer en wetteloos omdat die regering bang is daarvoor. ‘…Because if those guys decide to go on a rampage we’re in trouble. Not only does it stop the transportation of 15 000 000 people per day; it also stops all other traffic. They have proofed this on multiple occasions…’ By ‘n taxi staanplek in Soweto eet ‘n swaarlywige man ‘n olierige stuk Kentucky hoender. Hy is in nuwe blink swart skoene en ‘n pienk golfhemp geklee. Die man is die eienaar van ses taxis. Hy sê hy gee slegs werk aan ‘taai’ bestuurders. Hy hits hulle aan om so vinnig en aggressief as moontlik te ry, in die kompetisie vir meer passasiers en dus meer geld… Hy voeg by dat hy ‘trots is’ dat die meeste van sy bestuurders voormalige tronkvoëls is; They committed crimes a long time ago so they still have that mentality of being rough. They do carry guns…. Modima speel ‘n gunsteling liedjie in sy taxi terwyl hy bestuur. Sy kop gaan op en af, in pas met die ritme. Hy ry deur nog ‘n rooi lig en swaai op aan die verkeerde kant van die pad. Ander motoriste trap rem om te verhoed dat hulle met die taxi bots. Modima sê al wat hy kan doen is om te hoop dat sy gevaarlike manier van bestuur hom en ander mense nie sal doodmaak nie… Hy voeg by; ‘Each and every day when I wake up I pray to God that I must not commit any accident.’ Hy gee n kekkel-lagie en sê dat tot dusver God na hom geluister het… Die tipiese Suid-Afrikaanse taxi bestuurder leef en gaan dood met die fatalistiese mantra van ‘…wat moet gebeur, sal gebeur…’ Dis maklik om hulle te veroordeel maar hoeveel van ons lewe ook met dieselfde filosofie sonder dat ons dit besef? Die taxi baas glimlag en lig sy hemp effens op om ‘n pistool wat in sy broek versteek is te ontbloot.Polisiebeamptes drom saam op die toneel van nog ‘n botsing waarby ‘n taxi betrokke is. ‘n Ooggetuie, Donovan Hermans sê die taxi het teen ‘n ho? spoed deur ‘n rooi verkeerslig gery; met ‘n bus gebots en ‘n muur omgery.Byvoorbeeld as ons nie in God wil glo en Hom dien nie. Dan is ons nie voorbereid vir die Ewigheid nie en sê ons eintlik ‘…wat moet gebeur, sal gebeur…’ Is dit nie ook onverskillig nie?
http://www.georgeherald.com/viewblog/1642/Wat-sal-gebeur-sal-gebeur
Kwagga-atlete pronk op Bredasdorp
Die Hoërskool Outeniqua se atlete het Saterdag by die Top-10-atletiekbyeenkoms in Bredasdorp met die topskole in die Kaapprovinsie afgereken. Hier is van die toppresteerders met hul wentrofee. Voor sittende: Zander Labuschagne. Hurkend: Annuske Coertze, Joshwin Botha, Cartson Michaels en Nolene van Rensburg. Derde ry van voor: Allen Kleinscmidt, Simonn Swanevelder, Meike Strydom, Andreé Roux, Marno April, Adriaan Bouwer en Stephany Pedro. Agter: Dullan Solomons, Mire Reinstorf, Carmen Olvier, An GEORGE NUUS - Die Hoërskool Outeniqua se atlete het Saterdag in stormsterkte wind en deurdringende reën hul skool se naam hoog gehou by die Top-10-atletiekbyeenkoms in Bredasdorp. Die Kwaggas, wat vanjaar uitsonderlike prestasies behaal het op die atletiekveld deur die eerste keer in hul geskiedenis 15 medaljes by die SA Skole, SA Junior, SA Jeug en SA Senior byeenkomste te kon wen, het Saterdag met die topskole in die Kaapprovinsie afgereken. Outeniqua wat 10 eerste, 15 tweede en 12 derde plekke behaal het, het die gewilde byeenkoms vir die derde jaar agtereenvolgens gewen. Kwaggas se A-span het 9071 punte aangeteken met Paarl Gimnasium tweede met 8840 punte gevolg deur die Kwaggas se B-span met 8362 punte. Die atletieksensasie, Meike Strydom, het die gewigstoot vir dogters o.17 met 'n puik afstand van 16,04 m gewen. Die prestasie sou vir haar 948 punte besorg het op Bekker se puntetabel. Sy het die trofee ontvang vir die beste dogters-veldatleet in die o.17-ouderdomsgroep. Adriaan Bouwer het die spiesgooi vir seuns o.15 met 'n skitterende afstand van 68,86m (950 punte) gewen. Hy is ook aangewys as die beste seunsatleet in sy ouderdomsgroep. Die belowende Jana Botha het die hamergooi vir dogters o.15 in 'n nuwe byeenkomsrekord van 42,55 m (883 punte) ingepalm. Barry Botha het 'n silwermedalje gewen in die hamergooi vir seuns o.17 met 'n persoonlike beste afstand van 56,34 m (975 punte). Nolene van Rensburg het in die dogters o.15-middelafstande skoonskip gemaak toe sy die 800 m in 2:34.70 (717 punte) en 1 500 m in 5:25.60 (708 punte) gewen het. Die talentvolle Stephany Pedro het in die dogters o.14-ouderdomsgroep ook 'n tweekuns behaal. Sy het in die 800 m in 2:30.10 (800 punte) en 1 500 m in 5:07.80 (827 punte) titels ingepalm. Andreé Roux het die 100 m-hekkies in die dogters o.17-ouderdomsgroep in 'n blitstyd van 14:84 (864 punte) gewen. Annuske Coertze het 'n goue medalje in spiesgooi vir dogters o.17 met 'n puik afstand van 46,50 m (928 punte) gewen. Kiara Wolmarans het die driesprong vir dogters o.17 met 'n puik afstand van 10,83 m (716 punte) ingepalm. 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/175183/Kwaggaatlete-pronk-op-Bredasdorp
2016-10-27 07:00:00
Perronstories geliefde uit die staanspoor
Die eerste Stasiestories op die Perron-geleentheid gaan gewis 'n jaarlikse instelling word as deel van die George Erfenisfees. Dit was die algemene gevoel op Maandag. Ken Gie (middel) het verduidelik hoe ossewaryers met sweepslae gekommunikeer het op die Montagupas, en toergids Trevor Ankiewicz (links) het die sweepslag aan die gehoor geïllustreer. Kobus Volschenk van die Outeniqua-vervoermuseum het die verhoog en meubels gereël. Foto's: Pauline Lourens GEORGE NUUS - Bekende persoonlikhede het Maandag gesels oor die geskiedenis van die George-omgewing tydens 'n Stasiestories op die Perron-geleentheid wat van meet af aan soveel byval gevind het dat die organiseerder, dr. Willie Cilliers (wat ook die president van die George-besigheidskamer is) het gesê dat hy beslis ten gunste daarvan is dat dit 'n jaarlikse instelling, as deel van die George Erfenisfees moet word. 'n Bekende boer, Stefan Gericke (van Die Bof/Tikketai) se vertellinge oor die boerderybedryf, hoe dit vroeër jare daaruit gesien het, en die uitdagings vandag, was 'n treffer. Dit was in die afdeling vir uitnemende besighede waaronder John Crook (Table Top) en Gerhard Hoepfner (CAW Third Generation) ook lekker gesels het. Dr. Cilliers, het dit beklemtoon dat die oordra van George se geskiedenis aan die volgende generasie, uiters belangrik is en dus die hoofpilaar is waarop die George Erfenisfees rus. Kobus Volschenk het oor die Outeniqua-vervoermuseum gesels, Chris Hattingh van die NG George Moedergemeente oor die kerk, en Ken Gie oor die Montaqupas en George se waterbronne. In die kategorie, stories uit ons gemeenskappe, het George-burgemeester, Melvin Naik, staaltjies vertel oor Blanco waar hy groot geword het, en Sophie Stols van die Rosemoor-dienssentrum het herinneringe opgehaal oor ons dorp in vroeër jare. Die geleentheid, wat afgesluit is met koffie en kolwyntjies is gehou in die Outeniqua-vervoermuseum, wat 'n onder-afdeling is van Transnet. Sophia Sparks het vertel oor hoe sy al in baie plekke in die omgewing gebly het en op 79 jarige ouderdom nog steeds in haar eie huis in Parkdene bly. By haar is dr. Willie Cilliers die dryfveer agter die George Erfenisfees. ARTIKEL EN FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173872/Perronstories-geliefde-uit-die-staanspoor
2016-10-06 11:00:00
Groot neukery by Pacaltsdorp-polisie
Generiese foto. GEORGE NUUS - Daar was verlede week groot drama by die Pacaltsdorp-polisiestasie toe 'n adjudant-offisier 'n konstabel in hegtenis geneem het. Dit glo omdat die konstabel hom probeer verhinder het om 'n vermeende verdagte in 'n huisbraaksaak in hegtenis te neem. Volgens ingeligte bronne het ao. Vernon Jantjies die vermeende verdagte verlede Maandag 17 Oktober omstreeks 16:15 by 'n winkel in Beachweg opgemerk en hom in hegtenis geneem. Die verdagte het die betrokke dag werk verrig by die huis van konst. Ensliano Deyce van die Da Gamaskop-polisie, Mosselbaai en hulle was saam by die winkel om kos te koop. Deyce, wat met siekteverlof was, woon in Pacaltsdorp. Jantjies het die vermeende verdagte saam met Deyce by die deli opgemerk en genader. Na wat verneem word, het die vermeende verdagte hom verset teen Jantjies en is hy hardhandig uit die winkel geneem, in die polisievoertuig gelaai en na die polisiestasie geneem. Deyce het Jantjies en die vermeende verdagte na die polisiestasie gevolg waar hy en Jantjies in 'n struweling betrokke geraak het. Daar word beweer dat Deyce Jantjies verhinder het om die arrestasie uit te voer deur aan hom te trek. Nog 'n bron vertel dat Jantjies en Deyce mekaar by die polisiestasie voor die bors gegryp het en dat Jantjies Deyce se kop op 'n stadium teen 'n muur gestamp het. "Deyce het nie ingemeng nie en wou eintlik die speurhoof gaan sien toe Jantjies hom voorkeer. Hy [Jantjies] het die verdagte aan 'n ander kollega oorgegee en Deyce gaan konfronteer oor wat hy by die stasie soek." Deyce het vandeesweek die voorval en sy arrestasie aan die George Herald bevestig, maar ontken dat hy op enige stadium vir Jantjies verhinder het om sy werk te doen. "Ek gaan nie die saak vooruitloop nie, die reg moet sy gang gaan." Hy het ook bevestig dat hy 'n aanrandingsaak teen Jantjies aanhangig gemaak het. Op 'n vraag of hy verdere stappe teen Jantjies oorweeg, het Deyce gesê dat dit iets is wat hy met sy regsverteenwoordiger sal bespreek. Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê Deyce is in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg. "Die saak sal volledig ondersoek word en na die direkteur van openbare vervolging (DOV) verwys word vir 'n beslissing. Hy is vrygelaat op 'n waarskuwing en sal op 18 November weer in die hof verskyn. 'n Departementele ondersoek sal parallel met die kriminele ondersoek loop." Pojie het ook Deyce se aanrandingsklag teen Jantjies bevestig en gesê dié saak is reeds na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) verwys vir ondersoek. Die saak teen Deyce word deur die Pacaltsdorp-speurdiens ondersoek. Intussen verneem die George Herald dat die Pacaltsdorp-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) die aand van die Deyce-voorval ook na die Pacaltsdorp-polisiestasie opgeruk het en antwoorde oor die polisie se optrede en Deyce se arrestasie geëis het. Die GPF, kerkleiers en ander rolspelers het sedertdien ten minste op twee geleenthede vergader om probleme wat inwoners ervaar rakende polisie-optredes en dienslewering, te bespreek. Die probleme sluit onder andere in dat sekere polisiemanne 'n skrikbewind voer en mense aanrand tydens optredes. Die George Herald verneem daar word na hulle as die Masjienbende verwys. Die GPF, kerkleiers en sakeleiers het Dinsdag met die stasiebestuur vergader. Isaac Felix, waarnemende voorsitter van die GPF, het by navraag gesê hy kan nie uitbrei oor wat presies bespreek is nie, maar sê dat daar oor bepaalde sake gepraat is wat tans dringende aandag geniet. Hy het gesê die GPF sal binnekort 'n volledige persverklaring oor die vergadering en die uitkoms daarvan uitreik. ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175169/Groot-neukery-by-Pacaltsdorppolisie
2016-10-27 15:00:00
"Los 'n boodskap, sê jou sê, stort jou hart uit," lui een van die laaste stempos-boodskappe op my vriend Randall Wicomb se selfoonantwoorddiens. In Desember 2015 het hy sy stryd teen kanker verloor. Die teenwoordigheid van sy volksmusiek in my vormingsjare, het amper so 'n groot invloed op my liefde vir my moedertaal gehad soos Askar, my Afrikaanse onnie. en weg is die mens. "Jy verwag seker nie juis 'n punt hiervoor nie ." Kritiseer sy my stelwerk êrens in my matriekjaar. Askar se amper-swart oë blits abnormaal venynig in my rigting. Kyk, dit was nou een onnie met wie jy nie skoor gesoek het nie. Die handvol skoolhoofde in haar 40 jaarlange onderwysloopbaan moes gereeld die knie voor Elaine van Aswegen se vurige temperament buig. Sy was moeilik. Besonder moeilik. Dit was die een kant van haar dinamiese persoonlikheid. Die anderkant, was dié van 'n buurtannie wat van jongs af besonder baie in my belang gestel het. My skoolmaats het letterlik koue rillings gekry as hulle hoor dat ons en die Van Aswegens huisvriende is. Sedert ons eerste ontmoeting, het Askar gou genoeg op haar radar bemerk dat my samestelling smag na intellektuele stimulasie wat 'n klein Vrystaatse dorpie nie kan bied nie. Sy het met beslistheid daarvan werk gemaak om die situasie te beredder. Gereeld, afstand en onkoste ten spyt, is 'n handjievol van ons geheen-en-weer na skryfskole en -werkswinkels toe. Vir my was dit soos om aan die voete van Gamaliël te sit tydens sessies met digters Hans du Plessis, TT Cloete en Rika Cilliers. Cilliers was later my Afrikaanse dosent op universiteit en het my as 'n skugter eerstejaarstudent genooi na haar gesogte Skrywerskring. Onder Askar se aanvoering was daar teaterbesoeke ook en meestersklasse met prosa- en liedjieskrywers soos Elsabé Steenberg en Coenie de Villiers. Alles in die geliefde geselskap van Afrikaans, Afrikaans, Afrikaans… Askar het my rebelse soeke na identiteit en kreatiewe uitdrukking goed bestuur, want sy het die noodsaaklike afstand tussen ervare leermeester en leergierige student, so goed verstaan. Op haar kritiese manier het sy my met kundigheid en geduld in die regte vorm gebeitel. "Dis kolonkanker." My ma se stem is so donker soos die tyding. Getrou aan haar vurige menswees, het Askar moedig terugbaklei. Maar op 'n reënerige Donderdag nie te lank na die eerste oproep nie, bel my ma weer met oorgenoeg woorde. "Sy's weg." Wég is die vuur. Wég die amper-swart oë en die vonkrooi snyerspakkies. Wég is die mens oor wie ek hier op skrif my hart uitstort. Sedert 5 Oktober 1994, word Internasionale Onderwysersdag danksy UNESCO gevier om die "Askarre" van die opvoedkundige wêreld te huldig. Morkel van Tonder, omroeper en oudhoof van die destydse Afrikaanse Radiodiens, skryf in Kantaantekeninge - "al wat ek eendag saam met my kan vat, is dit wat ek hier op aarde weggegee het." Dankie Juffrou Elaine - vir my, het jy baie gegee. DEUR CORNELLE CARSTENS Wat is die mens?Net derms en pens.Gor sê die pens
http://www.georgeherald.com/viewblog/1643/More-Juffou-More-klas
Fynbos Heights a success story in more than one way
Agterste ry (vlnr): Jan Gelderman (President Rotary Klub Mosselbaai); Ian Hamilton (Argitek); Andries Potgieter; Pierre Le Roux; DeVilliers Neethling (Projek Bestuurder) & Andre van Greunen (Trust Voorsitter) Op die stoele (vnlnr): Mika Luchtman, Marinette Smith (Bemarker) & Yolandi Potgieter Volgens Pierre le Roux, een van die inwoners, is die vernaamste redes vir sy besluit om hier ’n eenheid aan te koop soos volg; Skakel Marinette Smith by 082 890 5086 / 079 961 7407 vir meer inligting 'We bring you the latest Garden Route, Klein Karoo, Hessequa news' SOUTHERN CAPE BUSINESS NEWS - When the dream for the Mossel Bay Rotarians to develop a retirement village became a reality as the Fynbos Heights was officially launched in 2013, the anticipation of the success is now by far exceeded. This prime development has certainly become the pride and joy of Rotary Mossel Bay, the Mossel Bay Municipality, professional teams working on the development and most of all, the residents at Fynbos Heights.Rotary Mossel Bay has been actively involved in the community of Mossel Bay since 1960 and Fynbos Heights is the second Rotary retirement development with the very popular Santos haven as the first. The involvement of Rotary in these projects, emphasize the ethical leadership to provide facilities where the rights of the elderly are protected and thus a safe and affordable option in this much needed niche market, is offered. Rotary offers the added benefit of having had clean audits consistently over many years and the planning, management and marketing of Fynbos Heights, gives credence to the mission of Rotary.Die ontwikkeling, wat geleë is langs Pinnacle Point op pad na die Garden Route Casino, het al die potensiaal om hierdie die beste leefstyl oord in die land te maak. Die pragtige uitsig na Vleesbaai in die Suide en omring deur natuurlike fynbos, met die Pinnacle Natuurreservaat as bure, kan die rustige natuur geniet word in veiligheid en met alle noodsaaklike dienste, hospitale en winkels binne vyf kilometer. Eie titel eenhede in drie fases word bemark en daar is twaalf verskillende planne en tipes beskikbaar. Die koper mag sy eie keuse van afwerking ten opsigte van vloerbedekking, kaste, teëls en verfkleure maak. Die ontwikkeling spog reeds met ’n moderne en goed toegeruste siekeboeg en ’n gekwalifiseerde suster aan diens. Etes, skoonmaakdienste en tuinhulp word ook aan inwoners voorsien.Die suksesvolle verkope van Fynbos Heights word toegeskryf aan die vertroue wat voornemende kopers in Rotary het. Groot belangstelling van regoor Suid-Afrika, asook uit die buiteland, het tot die gevolg dat 75% van fase 1 en 2 reeds verkoop is. 37 van die reeds voltooide eenhede word al bewoon en daar sal in Desember 2016 sowat 70 inwoners op ’n permanente basis, die ontwikkeling bewoon.- Die oorhoofse bestuur van die ontwikkeling deur die Mossel Baai Rotariërs- Eie titel eenhede- Kwaliteit bouwerk en afwerking- Keuse uit verskeie planne sodat elke eenheid uniek en volgens die eienaars se behoeftes is- Die kwaliteit mense wat eenhede koop asook die fantastiese span professionele deskundiges wat in noue samewerking met die inwoners en Rotariërs ’n ware gemeenskap vorm- Veiligheid en gemoedsrus wat binne die ontwikkeling heers- Die natuurskoon en uitsig wat die ontwikkeling omringDie suksesverhaal van Fynbos Heights kan net toegeskryf word aan die gesonde beplanning, bestuur en samewerking tussen die Mosselbaai Rotariërs, Mosselbaai Munisipaliteit, plaaslike besighede en ’n bemarkings-span onder die uiters bekwame leiding van Marinette Smith. Met die gesamentlike ervaring van meer as 30 jaar tussen André van Greunen (Voorsitter van ontwikkelings), Ian Hamilton (argitek), De Villiers Neethling (Bourekenaar) en Marinette Smith (bemarking), by die ontwikkeling van ses aftree-oorde in die Suid Kaap, tesame met die volle trustee raad se betrokkenheid by verskillende besture van ander Rotariër oorde, word kosbare gemoedsrus aan voornemende kopers gebied.Hierdie is voorwaar ’n trotse Mosselbaai produk wat deur Mosselbaaiers tot stand gebring is met die wêreldwye reputasie van Rotary International as rugsteun!
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/175358/Fynbos-Heights-a-success-story-in-more-than-one-way
2016-10-28 07:00:00
Nuwe Tuiniqua-hoof woel vir seniors
Tuiniqua se nuwe hoof, Alani Voigt (middel) is reeds tuis tussen die inwoners. By haar is Marie Fourie (links), pastorale ouderling by die sentrum, en Anna Uys, 'n op-en-wakker 89-jarige inwoner wat tot onlangs nog die sentrum se winkel bestuur het. Foto: Alida de Beer GEORGE NUUSFLITS - Die Tuiniqua-sentrum vir senior burgers het 'n nuwe hoof, Alani Voigt met ingang 1 September aangestel. Voigt is 'n maatskaplike werker wat 'n skuif van Kimberley na George gemaak het om die pos te aanvaar. "Op 'n manier voel dit vir my of ek tuisgekom het. Ek het (in 1980) aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer." Ná matriek het sy haar studies aan die Vrystaat Universiteit voltooi. Sy was by die Naledi- en St. Nicholas-hospiese in Bloemfontein en die afgelope paar jaar in Kimberley waar sy organisatoriese kapasiteitsbou vir die Hospice Palliative Care Association en Nacosa (Networking HIV/Aids Community of South Africa) gedoen het. Sy staan met haar voete plat op die aarde en laat 'n mens dadelik gemaklik voel in haar kantoor. "Ek is baie opgewonde oor my aanstelling by Tuiniqua. Die personeel en inwoners is wonderlik. Ek wil graag meer vir ons inwoners bied en hier lê harde werk voor," sê sy ná haar eerste maand in die tuig. Lees meer in môre se George Herald, asook aanlyn. 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' "Vir die meeste mense is 'n tuiste soos Tuiniqua waarskynlik die laaste woning op aarde en dis so belangrik dat inwoners gelukkig, geborge en geliefd moet voel. Ek is op my gelukkigste wanneer elke inwoner en personeellid vervuld en nuttig voel."
http://www.georgeherald.com/news/News/General/173661/Nuwe-Tuiniquahoof-woel-vir-seniors
2016-10-05 12:00:00
SWD se jong rugbybulletjies beste in Suid-Afrika
Hannes van der Westhuizen, eienaar van Cafe Chinno's (staande), was só beïndruk met die pragprestasies van twee lede van die SWD se Iqhawe-rugbyspan, wat onlangs die Suid-Afrikaanse o.15-rugbytoernooi in Johannesburg gewen het, dat hy hulle vir 'n gratis ete genooi het. Jaylen James (links) is as die beste agterlynspeler van die toernooi aangewys en Francois Cummings as speler van die toernooi. Hy was ook die spankaptein. Regs sit die trotse afrigter, Shamark Pedro. Foto: Hugo Redelinghuys SUID-KAAP NUUS - Die beste o.15-rugbyspan in Suid-Afrika ... en ook die SWD se suksesvolste rugbyspan vanjaar. Die Iqhawe-span, wie se speeluitrusting deur Ford Mosselbaai geborg is, het al hul wedstryde gewen. Hulle het die Oostelike Provinsie in die eerste kragmeting met 33-8 afgeslag. Johnnic Jonkers (senter) is aangewys as speler van dié wedstryd. Daarna het die SWD die sterk span van Boland met 19-5 getroef. Sy kaptein, Francois Cummings (flank) was toe die speler van die wedstryd. En in die eindstryd het hulle die WP, een van die groot gunstelinge vooraf, met 13-8 geklop. Hul losskakel, Jaylan James, is as die beste speler op die veld aangewys. Maar dis nie waar dit geëindig het nie. Jaylen James is ná afloop van die toernooi as die beste agterlynspeler aangewys en Francois Cummings as speler van die toernooi. Shamark Pedro, hoofafrigter van die Iqhawe-span, het aan die George Herald gesê hy is geweldig trots op wat sy spelers bereik het. "Ons was beslis nie vooraf een van die gunstelinge nie, maar die manne het hul harte uitgespeel en gewys dat die kleiner unies nie hoef terug te deins vir hul groter eweknieë nie. Die gees in die span was uitstekend en die samespel op die veld voortreflik. Dit het ons deurgetrek." Hy is ook nie min trots op die feit dat die Iqhawe-span die enigste span in die SWD is wat vanjaar 'n nasionale toernooi kon wen nie. 'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus' Dis die jong bulletjies van die Iqhawe-rugbyspan uit die Suid-Kaap wat in Johannesburg by 'n interprovinsiale toernooi die o.15-titel gebuit het deur die Westelike Provinsie in die eindstryd met 13-8 te klop. Dié toernooi, waaraan al 14 rugbyprovinsies deelgeneem het, is die breinkind van die SA Legendes en is vanjaar vir die vierde keer aangebied.
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/175178/SWD-se-jong-rugbybulletjies-beste-in-SuidAfrika
2016-10-27 07:00:00
4 Verdwyn buite hospitaal
Die George-hospitaal. GEORGE NUUS - Minstens vier van die vermiste persone waarna die George-polisie tans soek, het in die omgewing van die George-hospitaal weggeraak. Van die sake dateer terug na 2013 toe twee bejaardes slegs 'n week uitmekaar, spoorloos buite die hospitaal verdwyn het. Martha Lodewyk (71) van Vleistraat in Rosemoor het op Woensdag 27 November 2013 verdwyn nadat sy buite die hospitaal gaan rook het. Sy is nooit opgespoor nie. Kammies se dogter Triena Baartman, het vandeesweek gesê haar ouer suster, Muriel Jordaan, was saam met hul pa by die hospitaal. "Hy was reeds toegelaat, maar hulle is buitentoe, want hy wou gaan rook. Muriel was saam met hom en het na die kafee gestap om lugtyd te gaan koop om ons te laat weet dat hy toegelaat is. Toe sy minute later omdraai, was hy weg." Sy sê haar suster het na hom begin soek, maar kon hom nie kry nie. "'n Skoonmaker het haar gehelp, maar niks. Sy het toe maar huis toe gekom, want dit het laat geraak en sy moes met die ambulans terugkom Dysselsdorp toe." Die volgende dag en weke daarna het die familie weekliks teruggekeer na George op soek na hul pa, sonder enige sukses. Baartman sê verskeie mense het hulle gekontak met inligting dat hulle haar pa gesien het. "Een vrou het gesê hy was die aand van 5 Desember by die hospitaal op soek na kos en sy familie. Nog 'n vrou het gebel om te sê dat sy hom in die bos naby die hospitaal gesien het. 'n Man het hom ook by die taxistaanplek in die dorp gesien en gesê hy't baie siek gelyk waar hy op die sypaadjie gesit het. Ons het elke keer gaan soek as ons 'n oproep gekry het, maar niks gekry nie." Sy sê hulle wil net weet waar hul pa is en berusting vind, want die onsekerheid dryf hulle die afgelope drie jaar "teen die mure uit". Sy en haar twee susters en broer het hul dank uitgespreek teenoor George Meyer, 'n gemeenskapswerker van Dysselsdorp, wat hulle gehelp om die polisie sover te kry om weer na hul pa se verdwyning te kyk. Hulle is volgende week weer in George om sekere gebiede te fynkam. Nog persone waarna die polisie soek, is Pieter Pienaar (54) van Bellairstraat in Borcherds, wat op 12 Oktober 2015 verdwyn het. Pienaar is ook laas buite die hospitaal gesien waar hy die dag vir 'n mediese ondersoek was. Hy het die hospitaal omstreeks 16:35 verlaat en in Langenhovenstraat geloop in die rigting van die middedorp. Christina Damonds (35) van Goedemoedsingel, Golden Valley in Blanco, het op 6 Julie 2016 haar ouerhuis verlaat op pad na Waboomskraal. Iemand het haar terug na Blanco gebring en naby haar huis afgelaai, maar sy het nooit daar opgedaag nie. Sy was geklee in 'n grys en roomkleurige broek, swart en wit strepies T-hemp en een pienk skoen. In die mees onlangse voorval het Lea Malan (44) van Proteapark-plakkerskamp op 23 September 2016 weggeraak. Sy is per ambulans na die hospitaal geneem en by ongevalle behandel nadat sy siek geword het. Sy is volgens inligting van die polisie in die vroeë oggendure ontslaan, maar het nooit by haar huis opgedaag nie. Sy is laas binne die hospitaal gesien. Malan het ten tyde van haar verdwyning 'n rooi kopdoek opgehad, wit en swart geruite hemp, donkerblou jeans, wit sandale en 'n windbaadjie waarop die woorde New York staan. Enigiemand met inligting oor die vermiste persone of wat hulle gesien het, kan ao. WH Westraadt bel by 082 7222 010 of 044 803 4775. Petrus Kammies (78) word sedert 5 Desember 2013 vermis. Piet Pienaar (54) van Borcherds het op 12 Oktober 2015 verdwyn. Lea Malan (44) van Proteapark-plakkers-kamp is laas op 23 September 2016 gesien. Christina Damonds (35) van Blanco het op 6 Julie 2016 verdwyn. ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Petrus Kammies (78), oorspronklik van Dysselsdorp, het op 5 Desember 2013, net soos Lodewyk buite die hospitaal gestaan en rook voor hy verdwyn het. Hy is met prostaatkanker gediagnoseer en sou ’n operasie ondergaan het.
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175157/4-Verdwyn-buite-hospitaal
2016-10-26 15:00:00
Raadslede slaags oor parkeerplek
GEORGE NUUS - Vir die George DA-raadslid Gert Niehaus het die idioom "'n blou Maandag" 'n heel nuwe betekenis gekry, nadat hy Maandagoggend omstreeks 08:00 na bewering deur 'n mede-DA-raadslid, Johan Stander, oor 'n parkeerplek aangerand is. Dié voorval het gevolg kort nadat Niehaus se motor onderweg na George-munisipaliteit deur 'n ander motoris gestamp is. Niehaus het later die dag in Robertson nog 'n botsing reg van voor rakelings gemis, terwyl hy na Kaapstad gereis het om 'n vergadering by te woon. "Dit was nie my Maandag nie!" het Niehaus by navraag gesê. Hy wou egter geen kommentaar oor die voorval in die parkeerterrein by George-munisipaliteit lewer nie. Stander was glo ontevrede omdat Niehaus op 'n parkeerplek gestop het wat hy die afgelope vyf jaar gebruik het. Die George Herald het verneem dat vier van die parkeerplekke gemerk is vir spesifieke lede van die George-raad, maar dat die res beskikbaar is vir voltydse raadslede. Raadslede het egter die gebruik om elke keer op 'n spesifieke plek te staan. Stander en Niehaus, beide lede van die burgemeesterskomitee, was op pad na dieselfde vergadering toe die voorval plaasgevind het. Niehaus het by die betrokke parkeerplek stilgehou en uitgeklim toe die raadslede glo op mekaar begin skreeu het. Die werklike bakleiery het egter op die tweede vloer, voor die burgemeesterskantoor plaasgevind. Stander het ten aanskoue van verskeie raadslede en ander omstanders vir Niehaus met lêers gestamp, en die lêers daarna op die vloer gegooi. "Johan jy gaan aan soos 'n kind, jou naam staan nie op die staanplek nie," het Niehaus aan Stander gesê. Niehaus is gelawe met suikerwater, en het homself 'n halfuur na die vergadering begin het, verskoon. Stander het by navraag die voorval bevestig. "Ja, daar was 'n geskil oor parkering en ons was opgewerk daaroor," het hy gesê. "Ek is egter ontsteld oor koerantberigte wat nie die volle waarheid vertel nie. Dit is duidelik kwaadwillig van aard. Dit skaad nie net my goeie naam nie, maar ook die naam en die beeld van die DA party in George." Stander voer aan dat jare lange werkfrustrasie aanleiding gegee het tot die voorval. "Natuurlik was ek in 'n geskil betrokke, maar wat het aanleiding gegee daartoe? Ek was by drie geleenthede verbaal lelik aangeval deur 'n medekollega. Ek was uiters ontsteld en kwaad toe ek op die 2de vloer kom. Nêrens is 'n enkele vuishou toegedien nie. Ons het bors teen bors teen mekaar gestaan. Hierdie hele ding is 'n storm in 'n teekoppie." Die George Herald het vertroulik verneem dat Niehaus van voorneme is om 'n kriminele klag teen Stander te lê, asook verdere stappe te neem. Niehaus is tans die portfolio-raadslid vir beplanning - die einste pos wat Stander in die vorige termyn beklee het. Stander is tans die portfolio-raadslid vir siviel en tegnies. George-speaker, Iona Kritzinger, het by navraag gesê sy is nog nie skriftelik oor die voorval ingelig nie. "Ek is op die oomblik in Kaapstad en eers Maandag weer terug op kantoor," het sy gesê. George-burgemeester Melvin Naik en die DA-kiesafdelingshoof vir George, Okkie Terblanche, het gister bevestig dat die voorval op provinsiale vlak deur die DA ondersoek sal word. ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/174738/Raadslede-slaags-oor-parkeerplek
2016-10-19 17:00:00
Opvolg: Tandarts ontken betasting
Dr. Ian Venter Maandag buite die George-landdroshof. Foto: Lizette da Silva GEORGE NUUS - Dr. Ian Venter, plaaslike tandarts, het Maandagoggend self tydens die hofsaak teen hom getuig en ten sterkste ontken dat hy ooit aan die seun wat hom van molestering beskuldig, gevat het, of die betrokke aand in die kind se kamer was. Daar word beweer dat Venter gedurende die aand van 11 April 2015, 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het. Die slagoffer was met die beskuldigde se tienerseun bevriend. Venter het getuig dat die slagoffer en sy seun "baie lekker saam gespeel het" en dat die slagoffer drie keer vantevore, waarvan hy weet, by hulle oorgeslaap het. Hy sê hy het nie veel van die seun gesien of met hom gepraat nie, omdat hy lang ure werk. In sy getuienis sê Venter verder dat hy aanvaar het dat die slagoffer se ouers ingelig was oor sy agtergrond. "Ek het nie getwyfel of sy ouers weet wie ek is nie." Hy het getuig dat wanneer maats by sy kinders wil kom kuier of oorslaap, hulle die maats se ouers moet inlig wie hul pa is en dat hy 'n vorige veroordeling het en onder huisarres is. Oor die aand van die beweerde voorval getuig Venter hulle het gebraai en dat hy nadat hy die kombuis skoongemaak het, na sy kamer is en gaan slaap het. Hy is die volgende oggend deur sy seun wakker gemaak toe hy kom sê het dat die slagoffer weg is. Sy seun het na die slagoffer se huis gegaan en teruggekeer en gesê die slagoffer sê "iets" van sy pa. Venter het gesê toe hy dit hoor het dit gevoel of hy 'n paniekaanval kry en het hy self na die slagoffer se huis gegaan. Tydens kruisondervraging het Hankie Marx, die staatsaanklaer, Venter uitgevra oor sy paniekaanval en optrede. Hy het dit aan hom gestel dat hy (Venter) bekommerd was oor wat hy die vorige aand aangevang het. Venter het dit ontken en sy gedrag toegeskryf aan 'n 'vroeëre slegte ondervinding'. Venter het erken dat hy die aand van die beweerde voorval vir die slagoffer gesê het dat hy sy "tolleman sal knyp as hy sy vleis brand". Die seun het aangebied om te braai waarop Venter die "grap" gemaak het. Marx wou weet hoekom Venter, gesien in die lig dat hy so hipersensitief is oor sy vorige veroordeling en huisarres, die vreemde en onvanpaste stelling sou maak. "Die onvanpaste stelling strook nie met u hipersensitiwiteit nie. Ek dink u het die waters getoets met die stelling as aanknopingspunt vir wat later sou kom. U wou kyk hoe die seun reageer." Venter het dit ontken en het gesê dit was net 'n grap. Hy het ook ontken dat hy die betrokke aand alkohol gedrink het. "Ek het nie 'n drankie geniet nie. Ek drink per geleentheid, as gaste kom." Die slagoffer het vroeër getuig dat Venter by hom in die kamer was en op die bed kom sit het. Hy het verder getuig dat Venter hom gekielie het, na sy geslagsdeel verwys het en stelselmatig afbeweeg en hom betas het. Hy het vir Venter gesê hy hou nie daarvan nie en hom gevra om die kamer te verlaat. Venter se seun sal na verwagting volgende maand getuig. 'n Datum waarop die verhoor sal voortgaan sal einde vandeesmaand vasgestel word. Die saak dien voor streeklanddros F Makamandela en John Gillespie verskyn vir Venter. In November 2014 is Venter tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n ander seksklag waarby 'n minderjarige seun betrokke was. Hy was onder korrektiewe toesig ten tyde van die 2015-voorval. Klik hier vir vorige artikels: ARTIKEL EN FOTO: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175176/Opvolg-Tandarts-ontken-betasting
2016-10-26 16:00:00