title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Originals MCC motorfietsklub maak harte oop vir behoeftiges
Die Originals Motor Cycle Club van Thabazimbi het Sondag ’n grootse poging aangewend om bederfbare en nie-bederfbare voedsel items wat hulle ingesamel het aan die organiseerders van die Sopkombuis op Thabazimbi te oorhandig. Talle lede van die klub asook besoekers van buite Thabazimbi het op hul motorfietse by Die Plaasjapie Restaurant op Thabazimbi bymekaargekom om die goedere op ’n gesellige wyse te oorhandig. Die Sopkombuis sorg vir sowat 300 mense, groot en klein, en voorsien hulle daagliks van kos en kospakkies sowel as klere en nodige medikasie. Hierdie is mense waarvan die meeste werkloos is en afhanklik is van SASSA uitbetalings. ’n Gedeelte van die vrag goedere wat ingesamel is en wat Sondag 19 Desember aan die Sopkombuis oorhandig is. Die president van die Originals MCC Thabazimbi, Johnny Griessel saam met die mense van die Sopkombuis. Hulle is van links Loret, Rene en Sanet (Sopkombuis). Die organiseerders van die insamelingsveldtog deur die Originals MCC, saam met die organiseerder van die Sopkombuis. Hulle is van links Sandra, Sanet (Sopkombuis), Poppie en Elmien. Bestuur en organiseerders van Originals MCC Thabazimbi by die vrag goedere wat vir die Sopkombuis ingesamel is. Hulle is agter van links Pieter Smit (Visepresident) en Johnny Griessel (President) en sittend Sandra Jansen en Elmien Kemm (Tesouriere). Die President van Originals MCC Thabazimbi, Johnny Griessel (heel agter – links) verwelkom saam met die bestuur van die klub die lede en helpers wat die dag moontlik gemaak het. Weg van Thaba, gedeeltelik terug in Thaba en vanaf Welkom saam kom kuier by Plaasjapie. Lede van die Originals MCC Thabazimbi wat gesellig saamgekuier het by Plaasjapie Restaurant. Die organiseerder van die Sopkombuis, Sanet, het tydens die geleentheid al die motorfietsryers bedank vir hul mildelike bydraes. Sy het ook verder daarop gewys dat dit nie net kos is wat betrokke is nie, maar dat hulle ook op eie onkoste diegene vir wie hulle sorg na ’n dokter sal vergesel indien daar siekte is. Netso sien hulle om na die ander behoeftes soos klere en skenkings hiervan is altyd welkom. Sy het ook genoem dat elke kind se verjaarsdag aangeteken is op hulle lêers. Elke kind wat verjaar, ontvang op sy verjaarsdag ’n spesiale verjaarsdagkoek. As in ag geneem word hoeveel mense tydens die Covid inperking hul werk verloor het kan mens sien hoe groot hierdie probleem in ons eie gemeenskappe is. Alle skenkings van kos en klere is voortdurend nodig. Indien jy kan help kan dit by Eerstelaan 14 Thabazimbi afgelaai word waar een van die helpers dit in ontvangs sal neem. Die lede van die Originals MCC is voorwaar ’n gesellige klomp mense met ruim harte en tydens die geleentheid is daar lekker saam gekuier. ’n Ligte ontbyt wat bestaan het uit die heerlikste pap en maalvleisbredie is bedien terwyl diegene wat eerder langer wou kuier etes van die wye verskeidenheid braaivleissnitte en bykosse kon bestel. Neem ook weereens kennis dat Die Plaasjapie Restaurant oor die Kersnaweek gesluit gaan wees vanaf 15:00 Vrydag 24 Desember tot Maandag 27 Desember.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/22/originals-mcc-motorfietsklub-maak-harte-oop-vir-behoeftiges/
2021-12-22 14:27:59
Bederf jouself hierdie Kersfees by Medhof Apteek
Spoil yourself and your loved ones with that special gift this Christmas at Medhof Pharmacy Thabazimbi. Bederf jouself en jou geliefdes met daardie spesiale Kersgeskenk by Medhof Apteek Thabazimbi. Skoonheidsmiddels vir Mans en Dames van die voorste skoonheid-huise asook ’n groot verskeidenheid sagte speelgoed vir baba en talle om van te kies vir die kleiner kinders. Sien meer in die aangehegte advertensie.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/12/bederf-jouself-hierdie-kersfees-by-medhof-apteek/
2021-12-12 15:14:51
Elandskuil-laagwaterbrug weggespoel en gevaarlik
Die Elandskuil-laagwaterbrug buite Thabazimbi is weggespoel en totaal ontoeganklik vir voertuie en voetgangers. Kwêvoël het reeds op 19 November 2020 berig dat die Elandskuil-laagwaterbrug oor die Krokodilrivier, wat toegang aan inwoners en oewerboere oos en wes van die Krokodilrivier tussen Thabazimbi en Koedoeskop verleen, gesluit is nadat die rivier sy tol geëis het en ’n groot deel van die anker-gedeelte van die brug aan die een oewer inmekaar gesak het. Thabazimbi Krisisbeheer het die afgelope week weereens ’n waarskuwing aan motoriste en voetgangers gerig om glad nie die brug te probeer gebruik nie. Dit volg nadat hulle onlangs vir ’n tweede keer uitgeroep is om bystand te verleen met ’n voertuig wat ’n naelskraap ondervinding gehad het en byna in die Krokodilrivier beland het. Die waarskuwings wat in die pad geplaas is om motoriste en voetgangers te waarsku dat die pad gesluit is vir alle verkeer is aan beide kante verwyder, vermoedelik deur mense wat dit vir skroot wou verruil. Die hoof van Thabazimbi Munisipaliteit se Rampbestuur, Gerrie Visagie, het destyds in ’n gesprek aan Kwêvoël genoem dat die Elandskuil-laagwaterbrug gedurende die vorige groot vloed heelwat skade opgedoen het met die wegkalwing van die fondasies van die stutpilare. Een helfte van die brug het intussen as gevolg van hierdie skade heeltemal meegegee en in plaas van ’n beskadigde brug is daar nou net ’n sterk stroom water wat reeds ’n gedeelte van die pad ook weggekalwe het en ’n regaf wal veroorsaak. ’n Baie gevaarlike situasie wat noodlottige gevolge kan hê indien die pad onwetend aangepak word. (Onlangse foto’s: Thabazimbi Crisis Control Centre) Enige motoris of voetganger wat onverhoeds hierop afkom kan maklik in die moeilikheid beland, Die gedeelte van die laagwaterbrug wat weggespoel is kan duidelik aan die oorkant gesien word asook die rivier se wal wat weggekalwe is en ‘n deel van die pad ingesluk het. ‘n Foto wat meer as ‘n jaar gelede geneem is wys hoe die fondasies en stutte weggekalwe is wat veroorsak het dat die ryvlak ingesak het. Die rivier vloei tans redelik sterk en indien ‘n voetganger of motoris met sy voertuig in die stroom vasgevang word kan dit ‘n noodlottige gevolg hê. Aan die oorkant kan gesien word hoe ‘n voertuig maklik in die rivier kan beland met die pad wat weggekalwe is. Volgens Visagie het die Thabazimbi Munisipaliteit, destyds toe die eerste skade aan die fondasies en ryvlak opgemerk is, by die Waterberg Streeksmunisipaliteit, onder wie se jurisdiksie die betrokke brug val, aansoek gedoen vir dringende onderhoudswerk aan die brug om dit vir verkeer te beveilig. Hiervan het niks gekom nie aangesien die fondse wat hiervoor begroot is blykbaar in die stelsel opgesluk is. Inwoners in die omgewing van die brug moet al hul kennisse wat voorheen dalk Elandskuil as ’n kortpad na hul bestemming wil gebruik en lank gelede in die omgewing was, op die gevaar hiervan wys en aansê om nie die pad enigsins te gebruik nie. Intussen word die hoop uitgespreek dat die betrokke departement wat hiervoor verantwoordelik is, die nodige voorsorg gaan tref en waarskuwingsborde oprig om duidelik aan te dui dat die pad gesluit is en die brug weggespoel het.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/15/elandskuil-laagwaterbrug-weggespoel-en-gevaarlik/
2021-12-15 10:09:29
Ysterberg Voortrekkers ontvang toekennings tydens afsluiting
Die Ysterberg Veldkornetskap Voortrekkers van Thabazimbi, het op 24 November hulle afsluiting van die jaar se aktiwiteite gehad. Tydens die geleentheid het lede toekennings ontvang vir jare diens asook kentekens vir take wat hulle gedurende die jaar voltooi het. Covid-19 inperking het die Ysterberg Voortrekkers redelik geknou deurdat byeenkomste nie gereeld aangebied kon word nie en het beteken dat van die take wat hulle normaalweg sou verrig het om kentekens te verdien nie soos beplan kon voortgaan nie. Nogtans het hulle presteer deur van die take virtueel in te dien en moes ouers ook bietjie hand bysit om voorskrifte reguit te voer. Ongelukkig weens die feit dat van die ouers hulle werk weens die inperking verloor het en die kinders as lede van die organisasie moes onttrek. Ysterberg Diensjare- en graadwiele-toekennings is aan die volgende lede tydens die toekenningsaand oorhandig: Lianca van den Berg ontvang haar Oranje Skei vir een jaar diens asook haar Gr1 Graadwiel. Kevin van den Berg ontvang sy Groen Skei vir 2 jaar diens en sy Gr4 Graadwiel. Wiaan Croucamp ontvang sy Oranje Skei by vir 6 jaar diens asook sy Gr6 Graadwiel, sy Touwerk kenteken, en Anglo-Boereoorlog kenteken. Conrad Res ontvang sy een jaar Oranje Skei, Gr6 Graadwiel, Touwerk kenteken en Anglo Boereoorlog kenteken. Ettiene Pieterse ontvang sy Blou Skei vir 3 jaar diens, sy Gr8 Graadwiel,en Anglo-Boereoorlog kenteken asook sy Brandweer kenteken. Ananda Pieterse ontvang haar Blou Skei vir 3 jaar diens, Gr8 Graadwiel, Anglo-Boereoorlog kenteken, en Brandweer kenteken. Sophia Jarman ontvang haar Groen Skei vir 2 jaar diens, Gr2 Graadwiel en Gr2 Knope kenteken. Helena Pieterse ontvang haar Bou Skei vir 3 jaar diens ,Gr7 Dagbreek Graadwiel, Anglo-Boereoorlog kenteken en die Brandweer kenteken. Raymond Wolfaardt ontvang sy Blou Skei vir 3 jaar diens, sy Gr6 Graadwiel, sy touwerk kenteken, en sy Anglo-Boereoorlog kenteken. Dit het Ysterberg Voortrekkers nie ontmoedig om tog nuwe lede te verwerf nie en hierdie lede is dan ook tydens die toekenningsfunksie amptelik by die Ysterberg Veldkornetskap ingelyf. Tydens die Insweringseremonie moes alle nuwe lede as deel van die seremonie, die puntjie van hul sertifikate brand. Conrad Res Ananda Pieterse NeliaPieterse Lianca van den Berg Ettiene Pieterse Eksteen Pieterse Die nuwe lede wat tydens die toekenningsaand ingelyf is was van links agter: Nelia Pieterse (nuwe Offisier) en Eksteen Pieterse(nuwe Heemraadslid). Middel: Conrad Res (nuwe PD). Ettiene Pieterse en Ananda Pieterse word ingelyf van Penkop/Drawwe na Verkenner. Voor: Lianca van den Berg is ingelyf as PD. Tydens die geleentheid is Ysterberg Veldkornetskap se nuwe bestuurslede, die Heemraadslede asook die Offisiere vir 2022 aan die Voortrekkers voorgestel. Die Penkop/Drawwertjie leier vir 2022, Raymond Wolfaardt, en die nuwe jeugleier vir 2022, Ananda Pieterse, is ook tydens die geleentheid aangewys. Heemraadslede bestaan uit (van links) Eksteen Pieterse, Gwendolyn van den Berg, Annamart Jarman en Wynand Manders. Die nuwe bestuurslede vir 2022 is van links agter: Nelia Pieterse (AKL Algemeen), Danie Naudé (Veldkornet), Karin Naudé (AKL Finsnsies) en Ronelle du Plessis (AKL Jeugsake). Voor: Annamart Jarman (AKL Administrasie). Ysterberg Veldkornetskap se Offisiere is van links: Danie Naudé, Karin Naudé, Nelia Pieterse en Ronelle du Plessis. Die Veldkornetskap se nuwe PD leier vir 2022 is Raymond Wolfaardt en die nuwe jeugleier vir 2022 is Ananda Pieterse. Ysterberg touwerk spesialisasie Sommige van die Ysterberg jeuglede het hul touwerk spesialisasie op 30 Oktober 2021 voltooi. Hulle spesialisasie het oor ‘n tydperk van 3 tot 4 jaar gestrek. Hulle is agter: Ananda en Ettiene Pieterse (Verkenners) wat nuwe Verkenner knope aangeleer het. Middel: Conrad Res, Raymond Wolfaardt, Wiaan Croucamp (Gr6) wat hulle Touwerk spesialisasie suksesvol voltooi het. Voor: Helena Pieterse Gr7 het ook haar Touwerk spesialisasie suksesvol voltooi. Sophia Jarman Gr2 voltooi ook haar Gr2 Knope spesialisasie suksesvol.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/03/ysterberg-voortrekkers-ontvang-toekennings-tydens-afsluiting/
2021-12-03 14:46:24
Spesiale vermelding vir ATKV KunsteGrot Skryfkuns Kompetisie
Die Skryfkuns Kompetisie wat jaarliks deur die ATKV Thabazimbi-tak in samewerking met die KunsteGrot aangebied word verdien spesiale vermelding vir volgehoue entoesiasme van die hoof organiseerder, Rita Volschenk, om hierdie kompetisie op die land se kalender te plaas. Net soos verlede jaar het die kompetisie inskrywings wydverspreid oor die land, selfs uit Namibië ontvang met altesaam 76 inskrywings vir die drie hoofafdelings waarin die kompetisie aangebied word. Buiten Thabazimbi is inskrywings vanuit al die windrigtings ontvang insluitend Windhoek, Bredasdorp, Melville (Johannesburg), The Reeds, Centurion, Rustenburg, Modimolle en Leeupoort. Die Volwasse afdeling is baie goed ondersteun met 28 Poësie, ses Prosa en drie Kortverhaal inskrywings. Die Laerskool afdeling het 30 Poësie en drie Prosa inskrywings gelewer terwyl die Hoërskool afdeling ses Poësie inskrywing opgelewer het. Die Laerskool afdeling het dan ook die meeste individuele inskrywings gehad. Die beoordeling is deur twee onafhanklike beoordelaars van Pretoria gedoen. Beide Wilhelm Haupt en Mila Swanepoel het baie ervaring in die beoordeling van kompetisies van dié formaat en het ’n groot taak gehad om deur al die inskrywings te werk. Die Hoërskool en Volwasse deelnemers het hulle medaljes en sertifikate tydens die Gala geleentheid op 2 Desember by die KunsteGrot ontvang. Die Laerskool deelnemers het as gevolg van die eksamen hul prysuitdeling tydens ’n leersessie op 25 November in die skoolsaal van Laerskool Thabazimbi ontvang. Verskeie kategorie-wenners het van buite Thabazimbi gekom en kon dus nie die Gala geleentheid bywoon nie. Van die inskrywings het spesiale vermelding verdien en die volgende kan uitgesonder word: Laerskool: Mianke van Zyl Gr 3 se gediggie – Seisoene Taryn Stander Gr 6 se gedig – I love misty days Hoërskool: Liselotte Smit Gr11 se gedig – Grandpa Volwassenes: Annelie Lee se gedig – Stilte Tania Erasmus se prosa – Om joules op te wek Jak J Brits se kortverhaal – Hoe om te skiet Die ATKV Thabazimbi-tak was weereens die borge van die sertifikate, medaljes, trofeë en pryse. Volwasse en Hoërskool toekennings: Jak J Brits, wenner van Volwasse- Kortverhaal, se inskrywing kom van Melville – Johannesburg. Pieter Coetzee was die Naaswenner – Kortverhaal. Kortverhaal Derde Plek het gegaan aan Mimie de Vries van The Reeds, Centurion. Annelie Lee, Wenner van die Volwasse Poësie. Anzé Bezuidenhout van Modimolle was die Naaswenner Volwasse Poësie. Vollie Volschenk, Derde Plek Volwasse Poësie. Drienie Kelly van Rustenburg was die Vierde Plek wenner van Volwasse Poësie. Debbie Viljoen, Rita se regterhand by die KunsteGrot, ontvang haar toekenning van Deelname vir Volwasse Poësie. Prosa Wenner Tania Erasmus (links) van Pretoria, saam met die Naaswenner Suzan Stander van Thabazimbi. Twee sussies wat teen mekaar kompeteer. Prosa Derde Plek was Anine van Wyk van Bredasdorp. Rita Volschenk, organiseerder en aanbieder van die ATKV-KunsteGrot Skryfkuns Kompetisie saam met die Hoërskool Poësie Wenner en Naaswenner, Lieselotte Smit (links) en Carla Barnard, die wat die Derde Plek ingeneem het. Deelnemers wat tydens die Gala aan van die ATKV-KunsteGrot Skrykuns Kompetisie hulle pryse ontvang het, is van links: Pieter Coetzee, Debbie Viljoen, Vollie Volschenk, Rita Volschenk, Tiana Erasmus, Suzan Stander, Carla Barnard, Annelie Lee en Lieselotte Smit. Laerskool Wenners – Trofeë – Prosa en Poësie Senior Fase Wenner: Ampie Coetzee Gr 7. Intermediêre Fase Wenner Taryn Stander Gr 6. Grondslagfase Wenner Mianke van Zyl Gr 3. Poësie Gr 1 Wenner Lienkie Helberg. Poësie Gr 2 Wenner Kiana Wallace. Poësie Gr 3 Wenner Mianke van Zyl. Poësie Gr 6 Wenner Taryn Stander. Poësie Gr 6 Naaswenner Malienke van Wyk Bredasdorp. Prosa Wenner Gr 5 Jacques Stephanson. Hooffoto heel bo: Laerskool Thabazimbi leerlinge wat vir die ATKV-KunsteGrot Skryfkuns Kompetisie ingeskryf het saam met Rita Volschenk, organiseerder van hierdie kompetisie.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/09/spesiale-vermelding-vir-atkv-kunstegrot-skryfkuns-kompetisie/
2021-12-09 18:29:24
Oppi-tafels met Dirk se musiek by Plaasjapie
Dirk van der Westhuizen het tydens sy optrede Vrydagaand by Plaasjapie, veral die jong meisies, skoon uit hulle velle gehad waar hulle lustig op die tafels gedans het met die lekker dansritmes wat vanaf die verhoog oorgeborrel het. Die tafeldansery het mens ver terug na die Wildsfees tydens die draai van die eeu geneem, die jare wat Dozi en ander gewilde sangers in die Biertuin opgetree het en nou doen die jongklomp dit weer! Dirk ken van dansliedjies skryf, sy eerste liedjie het reeds op die ouderdom van 12 jaar geskryf, en soos hy op tafel tot tafel gedans het, het selfs van die ouer garde hulle hier en daar op ’n tafel gewaag. Dirk tree sedert 2007 professioneel op en sy eerste groot treffer wat hom plaaslik laat opskiet het, was sekerlik Gooi jou Suiker op my wat die aand ook dan gewys het steeds ’n gunsteling dansliedjie vir almal is. Sy ander nuutste treffer, Zoepa, is ook by uitstek ’n lekker dansliedjie en met sy polsende ritme het dit ook groot byval gevind. Voor en na Dirk se optrede het die mense gesellig lekker gekuier. Maak Plaasjapie Restaurant en Kroeg ook jou kuierplek. Maak gerus gebruik van hulle heerlike Braaivleisspyskaart met lekker braai-bykosse en baie vir die kleinspan om van te kies. Hou gerus Kwêvoël dop vir hulle Kersfees en Nuwejaar aanbiedinge.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/08/oppi-tafels-met-dirk-se-musiek-by-plaasjapie/
2021-12-08 10:06:48
Plaasjapie Restaurant: Kuier-Sondag in pyplyn vir 2022
William Blackrose se lekker en onverwagte “kuier” by Plaasjapie Restaurant op Sondag 5 Desember, was die eerste stap om plaaslik ’n venue met ’n lekker kuier atmosfeer saam met ’n bekende kunstenaar te skep. Geen toegangsgeld is gehef nie en kuiermense kon gebruik maak van een van Plaasjapie Restaurant se voortreflike braai-special van die dag. So tussendeur die kuiery saam met Blackrose het hy van sy bekende en meer rustige “lekker-luister” musiek gespeel. Op hierdie manier was daar tonne tyd om gesellig saam met vriende en die kunstenaar te kuier. Volgens Marily van Plaasjapie gaan dit net afhang van die behoefte en hoeveel mense hierop gaan reageer om dit ’n werklikheid te maak. Oujaarsdagaand, Vrydag 31 Desember, kry mense weereens die geleentheid om sonder enige toegangsgelde betaalbaar, lekker saam met Johan Loots te kom kuier en gebruik te maak van die skaap op die spit buffet-ete wat ook op die spyskaart beskikbaar gaan wees. Hou gerus Kwêvoël dop vir die Plaasjapie Oujaarsdag advertensie. Johan is welbekend plaaslik nadat hy reeds voorheen by Plaasjapie tydens ’n fondsinsamelingsgeleentheid opgetree het. Johan tree gereeld op in die Potchefstroom omgewing waar hy woon, en is ook bekend vir sy ‘Country’ en boeremusiek aanslag wat vir lekker dansmusiek sorg om die oujaar mee af te sluit. Plaasjapie Restaurant en kroeg gaan tydens Kersfees gesluit wees vanaf Vrydag 24 Desember (oop 10:00 tot 15:00) en verder Kersdag 25 Desember tot 27 Desember. Ander dae kan daar heerlik gekuier word vanaf 10:00 en kan die gesin lekker saam met vriende kuier terwyl die kleingoed na hartelus op die springkasteel baljaar. Met die “Groter Plaasjapie’ is daar nou baie meer tafels buite beskikbaar wat plek maak vir lekker kuier saam met vriende en jou hele gesin. Tydens kunstenaaroptredes is die buitegroeg ‘n welkome toevoeging. Die plaashek is toe om die bokkies te keer om nie op die verhoog te spring nie (tydens Dirk van der Westhuizen se optrede) Nuwejaarsdag, Saterdag 1 Januarie 2022, sal die restaurant en kroeg oop wees en inplaas daarvan om jouself by die huis in te hok, maak gerus ’n draai by Plaasjapie en kuier so die nuwe jaar binne.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/17/plaasjapie-restaurant-kuier-sondag-in-pyplyn-vir-2022/
2021-12-17 07:39:04
Tref-en-trap motoris bly Kersfees agter tralies
Tref-en-trap motoris bly Kersfees agter tralies Okahandja • Yolanda Nel Die bestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy vroeër in November ’n fietsryer raakgery het en van die toneel gevlug het, sal die Kersseisoen agter tralies deurbring. Jeff Gawiseb het Maandag sy tweede verskyning in die landdroshof op Okahandja gemaak. Daar was aangedui dat Gawiseb tydens die hofverrigtinge sou pleit, maar die saak is tot 9 Februarie 2022 uitgestel vir verdere ondersoek. Gawiseb is tydens sy eerste verhoor borgtog ten bedrae van N$4 000 toegestaan. Volgens inligting wat aan Windhoek Express bekend gemaak is, kon Gawiseb dit egter nie betaal nie en bly hy in aanhouding. Hy sal dus in aanhouding bly indien die bedrag nie betaal word nie. Gawiseb word daarvan beskuldig dat hy die fietsryer Christiaan Bean vroeër in November naby die Ovitoto-afdraai buite Okahandja raakgery het en daarna van die ongelukstoneel gevlug het. Bean is deur die motor se voorruit geslinger en het binne die motor geland. Hy is eers in die Okahandja staatshopitaal behandel en gestabliiseer, voor hy per ambulans na die Lady Pohamba privaathospitaal in die hoofstad oorgeplaas is. Bean se skouer en heup is beide gebreek en sy knie is ernstig beseer. Hy het al talle operasies ondergaan. Hy was besig met voorbereidings vir vanjaar se Desert Dash.
https://www.we.com.na/news/tref-en-trap-motoris-bly-kersfees-agter-tralies2021-11-30/
2022-01-23 05:10:15
Hommeltuie by olifante: Só gebruik mens dit reg
Hommeltuie by olifante: Só gebruik mens dit reg Danksy navorsing wat Wesley Hartmann gedoen het, weet navorsers en filmmakers nou beter hoe om hommeltuie naby Afrika olifante te gebruik sonder om hulle te veel te steur. Hierdie foto’s is geneem deur Wesley Hartmann terwyl hy navorsing op olifante met ’n hommeltuig gedoen het. Navorsers van die Universiteit Stellenbosch het praktiese riglyne en voorgestelde etiese protokolle geskryf oor hoe om olifante so min as moontlik te steur wanneer oor hulle gevlieg word met hommeltuie. Dis van waarde vir navorsers en filmmakers wat Afrika olifante dophou. ’n Artikel hieroor het in die vaktydskrif KOEDOE - African Protected Area Conservation and Science verskyn. Dis geskryf deur Wesley Hartmann, wat onlangs ’n MSc in Bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch behaal het, dr. Vicky Fishlock van die Amboseli Trust vir Olifante in Kenia en die Sentrum vir Ekologie en Bewaring aan die Exeter Universiteit in die VK, en wildbestuur-deskundige prof. Alison Leslie van die US Departement Bewaringsekologie en Entomologie in die Fakulteit AgriWetenskappe. “Hierdie is die eerste voorstelle oor hoe mens op ’n etiese manier hommeltuie rondom Afrika-olifante kan gebruik,” sê Hartmann. “Dit is belangrik om oor sulke sake na te dink wanneer olifante verfilm of bestudeer word, om te verseker dat die diere so min moontlik gesteur word. Die protokolle wat in hierdie studie ontwikkel is kan ook gebruik word om stres onder die diere te verminder wanneer hommeltuie vir navorsingsdoeleindes gebruik word.” Hy sê die riglyne kan ook gebruik word om die effek te bepaal wat die teenwoordigheid van hommeltuie kan hê op ’n dier se werklike gedrag. “Dit help nie om ’n hommeltuig te gebruik om hul gedrag te bestudeer as die data wat so versamel word eintlik verkeerdelik beïnvloed word deur die tegnologie se blote teenwoordigheid nie.” Hartmann en sy twee mede-navorsers het twee protokolle geskryf. Een bevat riglyne om te gebruik wanneer ’n hommeltuig nadervlieg in die rigting van ’n olifant of trop. Die tweede kan gebruik word wanneer daar rondom die diere gevlieg word. Vir die nadervlieg-protokol word die impak van ’n vierskroef-hommeltuig se spoed, invalshoek en oorspronklike vertrekhoogte op die reaksies van die diere in ag geneem, terwyl die volgehou spoed en vlugpatroon ook opgeneem is in die tweede protokol. Aanbevelings Volgens Hartmann maak die spoed en invalshoek van ’n hommeltuig as dit ’n trop benader ’n aansienlike verskil in hoe naby ’n mens aan die diere kan kom sonder om hulle te steur. Interessant genoeg maak nog die spoed nog die vlugpatroon enige meetbare impak op olifant-gedrag tydens voortgesette/volgehoue vlugte. Hier is ’n paar van hul aanbevelings: • Loods hommeltuie minstens 100m weg van ’n olifant of trop olifante. • Gebruik ’n naderspoed van 2m/s, en ’n invalshoek van 45 grade of minder. • Moenie van bo af kom teen ’n 90 grade hoek nie. • Vlieg deurlopend een hoogte, eerder as om tussen hoogtes te wissel. Die gebruik van ’n vastehoek-benadering is belangrik, merk Hartmann op, omdat dit die diere toelaat om hulself maklik te oriënteer tot die hommeltuig, en die objek te sien wat die geraas maak. “Olifante kan nie hul nekke ten volle oplig nie, en daarom kan hulle nie maklik regop in die lug kyk nie. Olifante verkies om die bron van geraas te kan sien en te identifiseer, en sal dikwels kalmeer wanneer hulle dit eers geïdentifiseer het,” verduidelik hy. Studie oorsprong Die studie is uitgevoer in twee nasionale parke in Malawi: Majete Wildreservaat en Liwonde Nasionale Park. Hartmann se navorsingswerk het deel gevorm van ’n uitgebreide wildbestuur-navorsingprogram wat oor die afgelope agt jaar deur sy studieleier, prof. Alison Leslie van die US Departement Bewaringsekologie en Entomologie, in Majete voltooi is. Hartmann het ’n MSc in bewaringsekologie aan die US oor die sosiale netwerke van olifante gedoen. Daarvoor wou hy die diere dophou, maar was bang dat hulle gedrag sou verander weens die teenwoordigheid van ‘n mens. Dis iets waarna wetenskaplikes verwys as die sogenaamde “waarnemer-effek”. Die gebruik van ’n hommeltuig toegerus met ’n kamera het gelyk na ’n logiese oplossing – tot hy besef het dat geen werk nog gepubliseer is met riglyne oor hoe om die taak uit te voer met so ‘n klein moontlike invloed op die diere se gedrag nie. “Verbasend min data was beskikbaar oor die impak van hommeltuie op dieregedrag, hoewel hulle reeds algemeen gebruik word by olifante, byvoorbeeld om hulle aan te jaag sonder mens-dier interaksie, en vir bevolkingsopnames,” verduidelik Hartmann. Hy kon slegs ’n handvol verwante studies vind effek van hommeltuie op dieregedrag uiteengesit het. Dié studies is gedoen op swart bere in Kanada, grys- en hawe-robbe, en voëls soos wilde eende en flaminke in vleilande. Verskeie verslae oor hommeltuie belig wel hul feitlik onbeperkte potensiaal om navorsers toe te laat om wild selfs in die mees onbereikbare plekke waar te neem. Die invloed van hommeltuie op die diere self word egter swak belig, en impakstudies om protokolle saam te stel vir beste praktyke word in die algemeen dringend benodig om die potensiaal vir stres by teikenspesie te beperk, sê Hartmann “Dit sal wonderlik wees om eendag dalk tegnologie soos biologgers te gebruik om te toets of olifante wel spesifieke fisiologiese reaksies het op hommeltuie, soos byvoorbeeld ’n verhoogde hartklop, wat ons nie noodwendig kan sien deur net hul gedrag dop te hou nie,” sê Hartmann. “Soos nuwer, stiller ontwerpe op die mark kom, sal ’n mens verdere navorsing moet doen om hul impak op olifante te meet en die vlug-protokolle daarvolgens aanpas,” sê hy, • Die navorsing is gedoen met die gebruik van ’n relatief bekostigbare, stil hommeltuig, ’n DJI Mavic Pro – in Hartman se woorde, “die tipe wat jy vir Kersfees mag kry as jy ’n besonderse soet seun of dogter was.”
https://www.we.com.na/news/hommeltuie-by-olifante-s-gebruik-mens-dit-reg2021-12-06/
2021-12-06 00:00:00
Voortrekkers gaan groot vir renosters
Windhoek • Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”.Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir die Nedbank Desert Dash-fietswedren in te skryf ten bate van Namibië se renosters.Die Voortrekkers is, onder meer, ’n instansie om leierskap en ’n diensbaarheid onder die jeug te kweek, sowel as ’n liefde vir die natuur en die wil om dit te beskerm.Aangesien daar vanjaar weens die Covid-regulasies nie ’n groot openbare viering vir die 90ste verjaardag kon wees nie, het hulle dit goedgedink om hul eie span vir die Dash in te skryf wat ongeveer 500 Voortrekkerlede in hulle harte sal saamdra.Die ryers is Lieuwke Hepkema, Beatrix Turner, Ruben Smith en Edrich Gerber. Hulle gaan die 393 km tussen Windhoek al die pad tot by Swakopmund in onder 24 uur aanpak.Dié vier ryers trap nie net fiets vir lekkerte nie – hulle ry vir die renosterbewaringsprojek wat aan die begin van die jaar van stapel gestuur is.Die Verkenners (graad 8- tot 12-leerlinge) was bevoorreg om vanjaar op ’n renosterbewaringskamp te gaan en te besef watter groot uitgawe dit is om net één renoster te onthoring. Dit kos ongeveer N$21 000 per renoster. Die horing word verwyder om te keer dat die renoster gestroop word. Enige nodige inentings word dan sommer ook gedoen, terwyl die renoster onder narkose is. Dié proses moet elke drie jaar herhaal word, omdat die horing so vinnig groei.Die Voortrekkers het vir hulself ’n doelwit van N$50 000 gestel om vir hierdie belangrike projek in te samel. Om verdere geld in te samel, word unieke fietsryhemde teen N$600 elk verkoop. Uiteindelik sal 20% van die wins aan die renosterbewaringsprojek geskenk word. Die res van die geld sal aangewend word om Voortrekker-kampe vir alle lede meer bekostigbaar te maak.Hulle nooi dus die publiek om saam met hulle hierdie hemde te dra en groot te gaan vir die renosters.Belangstellendes kan ’n skenking aan die Voortrekkers vir die bewaringsprojek of hul jeugfonds maak by Bank Windhoek; Kudu (482172); 1028151801; Verwysing - 90/RhinoKontak Elmine McCarthy by [email protected] of 081 237 0350 vir bestellings. Kindergroottes is ook volgens ouderdomme beskikbaar.
https://www.we.com.na/news/voortrekkers-gaan-groot-vir-renosters2021-12-06/
2021-12-06 00:00:00
SARL ASSTECH BTP
https://copainsdavant.linternaute.com/e/sarl-asstech-btp-4385066
Kiim Kaardaashiyaan qormaasa seeraa si'a sadii kuftee afraffaarratti milkoofte
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-59601027
2021-12-14 00:00:00