title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Goeie nuus vir wingerd- en vrugteboere: Pluk soet vrugte met John Deere
This post is also available in: English Nuwe groei bars oral in die land los noudat die winterrus verby is. Die kieskeurige plaaslike en uitvoermark wag reeds gretig op die malse vrugte wat Suid-Afrika se vrugte- en druiwe­boere produseer – vanaf tafeldruiwe, appels, lemoene, pruime, perskes tot nog vele meer. Ons vrugteboere lewer jaarliks ՚n groot verskeidenheid gesonde vrugte van die beste gehalte, en dit is ook ՚n groot rede waarom helfte van ons landbou-uitvoere vrugte is. Maar, soos alle goeie dinge, kom vrugteproduksie nie vanself nie. Dit kos ՚n groot hoop geld om vrugtebome of wingerde te vestig en dit neem lank voordat die eerste ordentlike oes inge­samel kan word. Daarna jaag peste en plae die produksiekoste op, sodat net ՚n boer met hare op sy tande uiteinde­lik die vrug op sy arbeid kan pluk. Gelukkig is daar een ding wat al die pad aan die vrugteboer se kant staan en een aankoop waarmee hy nie ՚n fout kan maak nie – John Deere se goeie groen trekkers waarop jy deur dik en dun kan reken vir die vestiging van nuwe boorde of wingerde en die instandhouding van bestaandes … en natuurlik vir die inry van die oes. John Deere se waarde lê nie in sy naam of die kleur van sy verf nie, maar wat die trekker of werktuig jou bied, die diens wat jy ontvang en beskikbaarheid van onderdele. John Deere bied vir die vrugtemark ՚n reeks trekkers aan wat nie net die werk fluks en voorbeeldig doen nie, maar ook ՚n omvattende waarde-op­lossing bied wat die belegging wat jy met jou aankoop maak geheel en al regverdig. Gehalte en duursaamheid is sinoniem met die John Deere 5D- en 5E-reeks trekkers wat volle­dig in dieselfde John Deere-fabriek vervaardig word en wêreldwyd na 110 lande uitgevoer word. 5D-reeks Daar is drie modelle in die John Deere 5D-reeks trekkers: die 5039D (29 kW), die 5045D (34 kW) en die 5050D (37 kW). Hulle almal is as standaard toegerus met ՚n 8F/4R CollarShift- (CS)-ratkas. Hierdie kompakte trekker is uitmun­tend vir aanwending met boordspuite, te danke aan hulle maklike hantering en ratsheid in beperkte ruimtes, hulle gedugte hyservermoë van 1 400 kg en hulle 540/540E-kragaftakkers. 5E-reeks Die 5E-reeks bied ook drie modelle; die 5055E (41 kW), die 6065E (49 kW) en 5075E (56 kW), almal toegerus met die gewilde John Deere 3-silinder 2,9-liter turbodieselenjin. Die 5075E is beskikbaar as oopstasie- sowel as kajuitmodelle. Die boer het ook die keuse van ՚n 9F/3R SyncroSuttle- (TSS) of 12F/12R PowerReverser- (PR) -ratkas vir sy 5E-trekker. Die trekkers is as standaard toegerus met ՚n Kategorie II-driepunthyser wat 1 800 kg lag-lag optel, asook ՚n 540/540E-kragaftakker en hidrouliese afstandbeheerklep. Hierdie trekkers is uiters geskik vir doeltreffende aanwending in boorde met gepaste werktuie soos ՚n ploeg, veldskoffel, plant, spuit en sleepwa. Die bykomende 37% wringkrag-reserwe van die 5E stel die trekker in staat om gemaklik ՚n verhoogde las te kan hanteer wat gewoonlik tydens bewerking voorkom. Benewens ver­hoogde produktiwiteit is die netto effek dus ook verbeterde brandstofverbruik tydens bewerking. 5EN en 5EF Die John Deere 5EN- en 5EF-reeks trekkers is spesialiteitstrekkers wat spesifiek ontwikkel is om gemaklik in wingerd- en boordtoepassings te werk, met ՚n minimum wydteverstelling van 1,32 m tot aan die buitekant van die agterbande. Die 5EN-reeks trekkers bied twee modelle aan, naamlik die 5076EN (56 kW) en 5090EN (67 kW); en die 5EF een model, naamlik die 5076EF. Al hierdie modelle is toegerus met John Deere 4-silinder 4,5-liter turbo-dieselenjins. Hierdie 4,5-liter enjin met sy bewese betroubaarheid word in John Deere-trekkers van tot so groot as 135 kW aangetref, en bied volkome gemoedsrus ten opsigte van werkver­rigting, brandstofbenutting, gehalte en duursaamheid. Belê in die toekoms – belê in John Deere.
https://www.proagri.co.za/goeie-nuus-vir-wingerd-en-vrugteboere-pluk-soet-vrugte-met-john-deere/
2021-10-04 14:29:53
Voerboere verwelkom die McHale V6 750-baler: Baal vir meer geld in jou sak
This post is also available in: English Net die beste landboutoerusting is goed genoeg vir Suid-Afrika se boere. Daarom het Jupidex, op-en-wakker verskaffer van wenwerktuie, die antwoord op die besondere behoefte van elke boer wat gewasse wil baal – hetsy dit op groot of klein skaal, vierkantige of ronde bale is. Die wêreldgewilde McHale-baler is een van die handelsmerke bo-aan die lys. Die McHale-balerreeks bevat net die beste, duursaamste hoëspesifikasie-onderdele om gebruikstyd en betroubaarheid te verseker, en die balers taai genoeg te maak om die moeilikste gewasse en grondtoestande lag-lag kaf te draf – jaar na jaar na jaar. Dit pas Suid-Afrikaanse boere wat deurlopend hulle opbrengste en resultate moet opstoot om hulle lewensbestaan te behou en voortdurend te groei. Net soos baie ander boere, het lusernboer, Francois Barnard, wat op die plaas Badsfontein in die Venterstad-distrik in die Oos-Kaap boer, die uitdaging om soveel waarde as moontlik uit sy lusernoes te put. Een groot uitdaging is hoë vragmotor- en vervoerkostes. Om wins uit sy lusernoes te behaal, moet hy soveel moontlik bale op die vragmotorlaai as wat hy kan. Met lusern wat nie dig gebaal is nie, bereik jy die volume wat die vragmotor kan laai lank voor die gewig wat hy kan dra … en daar betaal jy vir ՚n hele vragmotor met gewigsgewys nie ՚n volle vrag nie. Dit is nie lonend nie. “Jupidex se McHale V6 750-balerreeks bereik nuwe hoogtes met baalwerk danksy beter sny-opsies, gladder valvloerwerking, voortreflike kontroles en digter bale.” Die McHale V6750-baler word deur ՚n trekker van 110 kW aangedryf. Maar met Jupidex se McHale is dit ՚n ander – winsgewende – storie. Jupidex se nasionale verkoopsbestuurder, Davel Kirstein, en diens­bestuurder, Riaan Strydom, het ՚n veldeksperiment uitgevoer. Hierdie twee bekwame werktuigkenners het ՚n oplossing vir die Venterstad-boer – en die boere van Suid-Afrika – na vore gebring om elke vrag voer met behulp van die McHale V6 750-baler lonend te maak. Voordat hy die McHale V6 750 ge­bruik het, kon die boer net 76 bale met ՚n gemiddelde gewig van 300 kg per baal, op ՚n vragmotor laai. Die afmetings was 1,25 m per baal. Dit het hom in staat gestel om slegs 22 800 kg bale te laai. Nadat hy die McHale V6 750 aangeskaf het, kan dieselfde boer nou 86 bale laai met ՚n gemiddelde gewig van 362 kg per baal, 1,1 m baal, waarna hy 31 132 kg bale kon laai. Dit is 8 332 kg meer per vrag. Dit stel die boer in staat om die laaigewig per vragmotor te verhoog en ՚n groter opbrengs op belegging te kry. Die McHale-beheerpaneel in Francois Barnard se trekkerkajuit sorg vir operateursgemak en volle beheer. Die optel- en saampersaksie van die McHale V6 750 laat bitter min lusern agter op die land waarop hy gewerk het. Hierdie volledige herwinning beteken meer wins in die voerboer se sak en meer voedingswaarde vir die diere wat die lusern benut. Die feit dat jy die baler se spanning kan stel, vergemaklik en verbeter die saampersaksie aansienlik. ՚n Unieke funksie van die baler is dat jy die baalgrootte en -digtheid na jou behoefte kan aanpas deur verstellings op die kontrolepaneel in die trekker se kajuit. Dit is wat jou in staat stel om ՚n stewige, swaar baal te maak. Die McHale V6 750 is ook opgewasse vir die nat materiaal van verskillende kuilvoergewasse. Die is ՚n gebruiksvriendelike baler met ՚n kontrolepaneel waarop al die verlangde verstellings vanuit die kajuit van die trekker gedoen word. Wat die reeks robuuste balers nog meer gewild en ideaal maak, is hulle lae onderhoudskoste en instandhoudingsbehoefte. Die operateurshandleiding verduidelik baie mooi waarna daagliks en weekliks omgesien moet word en as jy hierdie riglyne volg, sal jou McHale V6 750 jou jare en jare se getroue, voortreflike en onoortreflike diens gee. Die McHale V6 750-baler se digte, kompakte bale sorg dat die volle toegelate gewig op ‘n trok gelaai kan word sonder om die wetlike hoogteperk te oorskry. Maar AS jy dit regkry om jou McHale V6 750 te beskadig of op een of ander manier tot stilstand te bring, staan Jupidex en sy span bekwame hande­laars oorgehaal en wag om jou te hulp te snel. Davel Kirstein sê dit is vir hom ՚n plesier om net die beste werktuie en diens aan boere te verskaf. Dit maak dat Jupidex se mense altyd op elke plaas welkom voel. Hy sê: “Ek sal verseker die McHale V6 750 aanbeveel vir boere vir wie werkspoed, gehalte en digtheid van bale belangrik is. Die baler is gebou om te hou.” Die McHale V6 750 is beslis ‘n staatmaker baler met sy self ghries en olie meganisme (lees meer hiervan in die volgende uitgawe). Bestel jou McHale-baler by Jupidex. Kontak Arthur Bezuidenhout by 072-725-7757 of 033-386- 3574 of stuur ՚n e-pos na arthur. bezuidenhout@jupidex.co.za. Besoek ook www.jupidex.co.za vir meer inligting.
https://www.proagri.co.za/voerboere-verwelkom-die-mchale-v6-750-baler-baal-vir-meer-geld-in-jou-sak/
2021-10-04 14:55:19
BMW M4 Competition: Usain Bolt in ‘n Shrek-kostuum
This post is also available in: English Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Die “M” kenteken het oor die jare gesorg vir ikoniese verrigtingmotors wat wêreldwyd met uitsonderlike sukses die renbane aan die brand gejaag het. Die witjasseby BMW se M-afdeling maak ook seker dat wanneer daar ‘n “M” kenteken op ‘n BMW model uit Munchen verskyn, dit VERRIGTING in hoofletters beteken. Voorkoms en Ontwerp Die nuwe M4 se kantprofiel is steeds die van ‘n sportiewe GT-motor, maar die groot bohaai gaan eintlik oor die oorgrote niertjierooster wat die voorkant oordonder. Met skrefiesoë toegerus met Laser-LED ligte wat op elke hoek weerskante van die intimiderende groot sierrooster vir jou loer en gapende luginlate laag onder in die voorste buffer, maak die M4 geen geheim nie van ‘n DNA wat gelaai is met aggressiewe sportiwiteit. As die sierrooster dalk opinies verdeel, bevestig die wye heupe, styf gespan oor groot vet tekkies en vier groot ronde uitlaatpype middel agter laag in die swart lugsnoer, juis die Beierse bul se vermoë om uitsonderlike verrigting te lewer. Die swart “M4 Competition” kenteken op die agterklap maak dit duidelik dat hierdie model juis die warmer, meer rengerigte weergawe van die nuwe M4 model is. Die swart dak, drukvin, kantspieëls en ander bakpanele is vervaardig uit koolstofvesel om gewig te bespaar by hierdie model. Die swart sierwiele kontrasteer pragtig met die “Shrek”-groen-geel bakkleur (amptelik bekend as Sao Paulo Yellow), terwyl die goue remknypers aantoon dat hierdie model oor die peperduur, maar uiters effektiewe “M-Carbon Ceramic” remme beskik wat vervaardig is uit ‘n mengsel van klei en koolstofvesel. Die geheelbeeld is die van ‘n gelerige forse agressiewe monster wat gereed is om te domineer. ‘n Regte Shrek! Kajuit en toerusting Die kajuit van ons toetsmodel was afgewerk in ‘n mengsel van ligblou leer (amptelik bekend as Yas Marina Blue) en Merino Swart leer met Alkantara insetsels, koolstofvesel en gepoleerde aluminium. Die kajuit vertoon uiters sportief en word gedomineer deur die opsionele en peperduur (R82 500) opsionele ekstra “M-Carbon” sportsitplekke wat volgens BMW tot 10 kg ligter is as die gewone sport sitplekke. Hierdie sitplekke bied uiters goeie ondersteuning, maar is nie juis gemaklik vir die langpad as jy effe aan die breë kant is nie. Ek verkies egter hierdie duurder weergawes juis vir die steun as jy op die baan gaan speel. Daar is etlike “M’-tekens in die kajuit wat die M4 se M-Sport egtheid bevestig. In die rugleuning van die sitplekke, op die rathefboom, die sportstuurwiel en ook in die digitasle instrumentehuls. Op die deurdrumpels staan “Competition” in die metaal ingeëts. Ek hou van die rooi skakelaars weerskante op die stuurwiel met “M1”en “M2”daarop waar jy jou persoonlike verrigtings voorkeure kan programmeer om met ‘n enkele druk van jou duim, jou keuse te aktiveer. Die 2021 M4 bied bestuurders drie M-Modusse naamlik, Pad, Sport en Renbaan en laat bestuurders toe om die M4 se verrigting te stel na gelang van eie voorkeur via ‘n “Setup” skakelaar in die sentrale konsole. Enjin, ratkas, onderstel, stuurgevoel, remme en uitlaatklank kan hier verstel word. Jy kan ook hier die 10-stap “M-Traksiebeheer” met “DSC-Off” verstel en ook die M4 se “Drift Mode” aktiveer wanneer jy lekker wil “speel”! Daar is selfs ‘n “Drift Analyser” om die gehalte van jou “spelery/drift” te ontleed! Die M4 Competition is andersins net so luuks en omvattend toegerus met elektronika, bestuurderhulpmiddelle en veiligheidstelsels soos wat dit ‘n BMW van R2 miljoen betaam. Agter in die kajuit sal die passasiers maar aan die kleinerige kant moet wees om gemaklik te sit, veral as die voorste insittendes meer as 1,8 meter lank is soos die uwe. Enjin en verrigting Vir sportmotor entoesiaste en spoedvrate soos ek, is die nuwe M4 Competition ‘n begeerlike en uiters gesogte stuk ingeneurswerk waarmee daar op die teerpad en die baan gespog kan word. Soos elke ander M-motor uit Munchen is die M4 Competition doelgerig sportief, padvas en sekuur in paddinamika met indrukwekkende verrigting. Onder die lang enjinkap is daar ‘n 3.0-liter reguit 6-silinder petrolenjin waaraan 2 turboaanjaers vasgebout is. Die gevolg is 375kW en 650Nm van imponerende kragte wat via ‘n snelwisselende 8-spoed outokas na die agterwiele gestuur word. Versnelling van 0-100kpu neem minder as 4 sekondes en hou jy die voet geplant, raak die enjin eers uitasem effe suid van 300kpu sou jou M4 oor die opsionele verrigtingspakket beskik! Die “M-Carbon Ceramic” remme teen R141 000 ekstra, is verstelbaar tussen “Normaal” en “Sport” met laasgenoemde wat sorg dat die M4 indrukwekkend vining spoed kan verminder wanneer jy oopketel op die draai afpyl! Ten spyte van hierdie byna supermotor verrigtingsyfers, word BMW se amptelike brandstofverbruik aangegee as 10,2l/100km. Hantering en Padgedrag Danksy BMW se “Adaptive M Suspension” is greep, paddinamika en hantering van die 2021 BMW M4 Competition ‘n motorpuris se droom. Die “M Servotronic” stuurstelsel is heerlik presies met baie goeie terugvoer. Deur die draaie, esse en swiepe kon ek die uitsonderlike greep van die breë lae profiel rubber op die 20duim agterwiele waardeer. Dit bygesê, moenie dit probeer as die bande nie eers behoorlik warm gery is nie. Ek het ook gevind om behoorlike greep te kry en wieltol te minimaliseer moes ek die banddruk agter effe verlaag. Ek was ook verbaas hoe goed die veerstelsel ongelyke padoppervlaktes kon opslurp sonder om die rit ongerieflik te maak in die dun sportsitplekke. Die nuwe M4 is effe breër (17mm) en ook 122 mm langer as sy voorganger wat bygedra het dat hantering en ritgehalte ook beter is. Greep en balans is gevolglik ook beter met groter stabiliteit deur draaie. Wanneer te veel krag wel aangewend word en die agterwiele greep verloor sodat die stert uittol, kan dit beter beheer en vinniger reggestel word. Die M4 se sterkpunt is uiteraard sy Usain Bolt eienskappe as dit by spoed kom. Die versnelling van 0-100kpu voel veel vinniger as die amptelike 3,9 sekondes, met 200kpu wat verstommend vinnig behaal word. Die topspoed is heel gemaklik behaal. Ek geniet dubbelkoppelaar ratkaste, maar die nuwe M4 Competition se 8-spoed outo voel net so skerp met ewe vinnige reaksies op insette. Opsomming Wat ‘n ervaring van loutere bestuursgenot om met die nuwe M4 Competition deur die draaie, esse en vinnige swiepe te dans, terwyl die sonoriese klanke van die 6-silinder turbo enjin se hoë toere die ore streel! Hard op die remme, vinnig deur die ratte… 6…5…4.. .3 met die spane. Halflyf deur die draai terwyl jy die apeks soen … hou die toere… hou die toere vir as die agterwiele greep sou verloor dan moet daar krag wees om te kan regmaak…tot die draai effe oopmaak om dan weer hard op die versneller te klim en te voel hoe die stert effe uitkom met die gapende afgrond wat die groen-geel monster soos ‘n magneet trek! Genadiglik byt die wiele vas en die M4 skiet uit die blokke soos net Usain kan doen terwyl ek deur die ratte en toere jaag….,net om kort voor die volgende skerp draai hard op die remme te klim met die veiligheidsgordel wat diep in my skouer byt terwyl ek weer vinnig met die spane afrat 6..5…4.. .3! Net om dit weer en weer en weer te doen tot die pas uiteindelik eindig en die pad reguit vorentoe uitstrek. Sjoe! Wat ‘n indrukwekkende stuk ingeneursvernuf. Wat ‘n verstommendemotor! Kernsyfers Model BMW M4 Competition Enjin 2998 cc reguit ses silinder twin turbo petrol Krag 375kW Wringkrag 650Nm Ratkas 8-gang Outomaties Verbruik 10,2l/100 km (Amptelik) 0 -100kpu 3,9 sek Topspoed 290kpu (Met die opsionele Drivers Package) Prys R1 959 182 sonder opsionele ekstras Prys sluit in ‘n 2 jaar/onbeperkte km waarborg en ‘n 5 jaar/100 000 km diensplan.
https://www.proagri.co.za/bmw-m4-competition-usain-bolt-in-n-shrek-kostuum/
2021-10-13 17:24:46
Stygende insetkoste hou ernstige risiko’s in vir toekomstige voedselproduksie
This post is also available in: English Stygende insetkoste, soos noodsaaklike landbou-produksie insette, direkte arbeid en ander oorhoofse kostes, veroorsaak ernstige uitdagings vir voedselproduksie in Suid-Afrika. “Die koste van kunsmis, onkruiddoders, verpakking, diesel, elektrisiteit, arbeid en ander insetkostes neem vinnig toe en maak dit byna onmoontlik vir baie boere om voedsel volhoubaar te produseer,” waarsku Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA. Agri SA doen dus ’n beroep op alle belanghebbendes, insluitend die regering, om in te gryp ten einde die koste van kritieke insette te verminder. “Dit is belangrik om insetprodukte wat plaaslik beskikbaar is, te optimaliseer ten einde ’n dreigende krisis in terme van volhoubare voedselproduksie en dus voedselsekerheid, af te weer.” Hierdie oplossings en insetprodukte is op ons drumpel te vinde, verseker Van der Rheede. Terwyl internasionale kunsmispryse toenemend oor die afgelope jaar gestyg het, beskik Suid-Afrika oor een van die wêreld se vernaamste produsente van fosfaat en fosforsuur, naamlik Foskor. Volgens ’n onlangse studie deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) word Suid-Afrika egter gereken as die derde duurste land in terme van kunsmiskoste wat graan- en oliesadeprodusente betref. “In onlangse jare het Suid-Afrika toenemend afhanklik geraak van ingevoerde kunsmis as gevolg van Foskor se onvermoë om bekostigbare fosfaat aan die Suid-Afrikaanse kunsmismark te verkoop,” sê Van der Rheede. “Suid-Afrika voer tans ongeveer 80% van fosfaat vir kunsmisvervaardigers in. Dit het ’n nadelige uitwerking op kunsmispryse, wat dan aanleiding gee tot aansienlike stygings in die veranderlike produksiekoste van boere.” Dit is welbekend dat Foskor van die beste gehalte fosfaat-hulpbronne ter wêreld het asook die vermoë om fosfaat aan Suider-Afrika te lewer. Bestuur- en voorraaduitdagings verhoog egter die fosfaatprys en veroorsaak vertragings. Dit word vererger deur die herhaaldelike sluiting van vervaardigingsaanlegte in Richardsbaai, wat ontwrigting in die waardeketting veroorsaak. “Die kombinasie van prystygings vir boere en ontwrigting in die voorraad hou tans ’n risiko in vir voedselsekerheid en het ’n vernietigende uitwerking op die winsgewendheid en volhoubaarheid van boere,” maan Van der Rheede. Agri SA doen ’n beroep op die IDC en die Ministerie van Handel en Nywerheid om met die landboubedryf en ander belanghebbendes te skakel met die oog op optimalisering van Foskor se uitset en om te verseker dat die landboubedryf voordeel trek uit gereelde voorsiening en bekostigbare pryse. “Dit is noodsaaklik aangesien verskeie groot kunsmisvervaardigers in Europa gedwing is om produksie af te skaal weens hoër gaspryse.” Die prys van aardgas wat gebruik word om kunsmis te produseer, het aansienlik gestyg. Onlangse kragbeperkings en -onderbrekings oor China heen as gevolg van steenkooltekorte het ook mededinging verskerp tussen Asië en Europa om energiebronne te verkry. Agri SA het ook kennis geneem van die feit dat jaarlikse brandstofinflasie sedert April 2021 voortdurend hoër is as algehele oorhoofse inflasie. Volgens Statistieke SA styg voedselinflasie toenemend, met tot 4,8% in Augustus vanjaar en tot 5% in September. Die potensiële verandering in brandstofpryse is baie kommerwekkend, met aanplantings onderweg vir die someroesseisoen. Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) dui die huidige wisselkoers kommoditeitsdata op prystoenames van ‘katastrofiese afmetings’ teen die einde van Oktober, met petrol wat met 99 sent per liter en diesel met R1,41 per liter styg. “Dit is werklik kommerwekkend en sal ’n vernietigende uitwerking op die winsgewendheid van baie boerderye hê.” Agri SA doen dus ’n beroep op die Departement van Minerale en Energie om die brandstofprys te dereguleer, met onmiddellike effek. “Ons kan nie langer gyselaar gehou word deur beleid en beleidmakers wat groter regeringsbeheer oor die ekonomie en kritieke kommoditeite soos brandstof, elektrisiteit, water en gas wil uitoefen nie. Ons word hierin ondersteun deur die Nasionale Tesourie, wat in 2019 ʼn besprekingsdokument uitgevaardig het waarin hulle reeds die deregulering van die land se brandstofprysaanbeveel as een van menige maatreëls om ekonomiese groei te stimuleer en die koste van diesel te verlaag.” Verder het Suid-Afrika ook toegang tot ’n oorvloed steenkoolreserwes. Hierdie hulpbron moet geoptimaliseer word om goedkoper brandstof aan alle ekonomiese sektore beskikbaar te stel, veral die landbousektor. “Fossielbrandstof soos gas is ook volop in die streek en kan aangewend word vir verskeie energieprogramme.” Die produksie van bekostigbare, goedkoop en gesonde voedsel moet Suid-Afrika se nommer-een-prioriteit wees. “Dink aan die maatskaplike onrus wat sal volg indien voedsel te duur word of as ons ’n voedseltekort in die land sou ervaar. In die afwesigheid van produsente-ondersteuning, is dit uiters belangrik dat insetkoste in toom en op ’n bekostigbare vlak gehou word. In hierdie verband het die regering, in samewerking met alle landboubelanghebbers, ’n kritiek belangrike rol te speel om die landbousektor winsgewend en mededingend te hou!” Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/stygende-insetkoste-hou-ernstige-risikos-in-vir-toekomstige-voedselproduksie/
2021-10-24 13:19:59
Jag op privaateiendom ruk handuit
This post is also available in: English Die onwettige jag met honde op privaateiendom is besig om hand uit te ruk. “Dit skep vir vee en wildboere ’n geweldige probleem, aangesien geen boer kan toelaat dat sy diere op hierdie wrede manier uitgewis word nie,” sê TLU SA Vrystaat-voorsitter, Bertus van der Westhuizen. “Honde is wrede jagters, en ruk hompe vleis uit lewendige prooi, totdat die stomme dier deur pyn so verswak is, dat hy nie meer kan vlug nie. Wanneer die jagter of jagters dan op die toneel verskyn, word hierdie stomme dier dikwels met byle afgemaai. Geen boer beskou hierdie manier van jag as ’n sport of vermaak nie, en sal verseker tot beheersde geweld oorgaan om sy diere teen hierdie praktyk te beskerm.” Bedreigde spesies soos byvoorbeeld steenbokkies loop die gevaar om op hierdie manier uitgewis te word. Volgens Van der Westhuizen is dit noodsaaklik vir die polisie om die misdaad in ’n meer ernstige lig te beskou, en meer moet doen om hierdie praktyk te stop. “Daar lê groot konflik potensiaal in hierdie misdryf opgesluit. Nie net konflik tussen gemeenskappe nie, maar ook tussen boere en die polisie self.” Van der Westhuizen sê TLU SA se Vrystaat-tak neem sterk standpunt in teen dié wrede praktyk van jag, en doen ’n ernstige beroep op die polisie en die regbank, om boere by te staan in hul stryd teen hierdie misdaad eerder as om van hul misdadigers te probeer maak. Boere wil inderwaarheid die polisie se hand in die stryd teen onwettige jag. “TLU SA Vrystaat doen ’n beroep nie net sy op lede nie, maar op boere van regoor die land om nie hierdie tipe misdryf op hul grond toe te laat nie en om dit met alle middele tot sy beskikking binne die wet te beveg. Indien dit nie vinnig aangespreek word nie, sal die praktyk ’n verwoestende effek op ons natuurlewe en toerisme bedryf hê.” Hy stel voor boere hou deeglik rekord van die tyd, polisiebeampte se naam en hoe lank jy wag vir opvolg en bystand as die saak aangemeld word. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/jag-op-privaateiendom-ruk-handuit/
2021-10-19 15:05:32
Huur ՚n Scania - Dit maak sin
This post is also available in: English ՚n Appelboom dra net ՚n sekere tyd van die jaar swaar aan vrugte. Die res van die jaar moet die boom groei, rus of blomme maak. Net so dy en daal ՚n boerdery se behoeftes deur die seisoene. Daar is nie altyd swaar vrag wat vervoer moet word nie, maar ՚n vragmotor wat in die skuur staan hou nie op om geld te kos nie. Daar is steeds paaiemente wat betaal moet word, lisensie- en padvervoer­tariewe, versekeringsgeld en instand­houding. Richard Brown, hoof van Scania Verhurings, sê ՚n vragmotor wat nie heeltyd gebruik word nie kan nie sy eie koste dra nie – dit bly op die boer se balansstaat en hy dra al die risiko. “Wanneer ՚n boer ՚n Scania huur, dra Scania die risiko van eienaarskap en ook die finansiële verantwoorde­likheid om te sorg vir alle lisensie- en versekeringsbetalings. Die boer betaal dus nie vir eienaarskap nie, maar net vir die werklike gebruik van die trok. Daarby kan dit op sy lys van operasionele uitgawes kom vir SARS,” sê hy. Richard Brown, hoof van Scania Verhurings, sê hoe jy ook al na die saak kyk, dit maak sin om ‘n Scania te huur. “Dit maak mos sin!” Die vele boere in die land wat reeds Scania-eienaars is weet dat jy deel van die Scania-familie word wanneer jy ՚n Scania aanskaf. Huurders van Scania’s word ook deel van die familie – hulle is nie weeskinders nie. Richard vertel met die groot droogte in die Wes-Kaap het Scania uit sy pad gegaan om boere te help met gunstige huurkontrakte om wel die bietjie produkte wat hulle gehad het te vervoer. Dit het gehelp om hulle op die plaas te hou waar hulle hoort. Die kortste huurtydperk is een maand en die langste kontrak is vir 12 maande, waarna dit hernu kan word. Die koste van die huurkontrak word be­paal deur die verwagte aantal kilome­ter wat per maand afgelê gaan word op ՚n skaal van 9 000 tot 15 000 km per maand. Die bedrag bly dus konstant tensy die trok verder ry as wat verwag is, dan is daar ՚n bykomende bedrag betaalbaar. “Dit maak ook sin,” verduidelik Richard, “want as jy meer ry, kry jy ook meer geld!” ՚n Deposito is ook betaalbaar, wat aan die einde van die termyn terug­betaal word met sekere bepalings en voorwaardes wat uiteraard van toe­passing is. Wat jy alles kry: Die grootste voordeel wat jy as huur­der geniet, is dat jy die voorreg het om ՚n Scania te gebruik met sy bewese rekord van betroubaarheid, gerief en ekonomiese brandstofverbruik. Jy kan ook weet jy kry ՚n trok wat in ՚n goeie toestand en in die fleur van sy lewe is. Geen trok bly langer as 3 tot 4 jaar of vir meer as 550 000 km, wat ook al eerste is, in die huurvloot nie. Daarna skuif dit oor na die afdeling vir gebruikte Scanias, waar dit as goeie tweedehandse voertuig te koop aangebied word. So, as jy vanjaar ՚n Scania huur, sal dit nie ՚n ouer model as 2018 wees nie. As jy verlief geraak het op jou huur­trok en haar graag teen die einde van haar tydpek in die huurvloot permanent plaas toe wil vat, sal Scania jou ook die eerste opsie gee om haar te koop! Saam met die Scania kom ook ՚n volledige herstel- en onderhoudsplan, en enige werk aan die trok kan by enige van Scania se diensstasies in die hele SAOG-streek gedoen word. Om oorgrens te ry is dus geen probleem nie. Hulp is net ՚n oproep ver. Selfs bande wat normale afloop toon, word gratis vervang. Ook ingesluit by die huurkontrak is aanboordvolgingstegnologie (tracking) wat onder meer die brandstof wat ver­brand word meet en vergelyk met dit wat in die tenk oor is. Dit laat brand-stofdiewe les opsê. Jy kan ook kies of ՚n tweede eenheid vir afstandmonitering geaktiveer moet word. Dan word die bewegings van die trok vanuit die versekeraar se be­heerkamer dopgehou. Jy kan ook die vragmotor merk met jou boerdery se naam en embleem – dit moet net verwyderbaar wees. Dit alles is deel van een voorafbe­paalde maandelikse bedrag. Scania gaan omtrent ՚n week nodig hê om al jou papierwerk te doen en die trok gereed te kry dat jy dit kan gaan haal. Bel jou naaste Scania-handelaar as jy ՚n trok vir die somer wil huur.
https://www.proagri.co.za/huur-%D5%9An-scania-dit-maak-sin/
2021-10-07 08:03:46
ProAgri 260- Oktober 2021
This post is also available in: English Die somer is hier! Buiten warmer weer, kan meeste van Suid-Afrika se boere in die binne­land ook weer uitsien na goeie reën wat hopelik hierdie jaar net na Oom Paul se verjaarsdag sal begin val. Saam met die warmer weer en die afwagting op goeie reën beteken die seisoensverandering ook dat graan­boere eersdaags weer kan begin plant. Voorbereidings vir hierdie plantsei­soen is al ՚n geruime tyd aan die gang. Planters word gekalibreer, kunsmis­strooiers ook, laers word nagegaan, ghries gesmeer, lande word bewerk, alles ter voorbereiding vir volgende jaar se oes. Boere kan ook nou weer uitsien na skoue aangesien die inperkings­maatreëls effens verslap het. KragDag gaan voort! Vanaf 14 tot 16 Oktober 2021 kan boere gerus gaan kyk na die nuutste maniere om selfonderhoudend te word en nie meer aan die genade van Eskom se beurtkrag oorgelaat te wees nie. Hierdie jaar brei KragDag se landbou-afdeling ook sodanig uit dat dit die grootste landbouskou vir 2021 sal wees. Hopelik sal NAMPO hulle voorbeeld volg dat ons volgende jaar weer ՚n behoorlike NAMPO-skou ook kan beleef. Intussen kan lesers gerus by ProAgri aanklop vir jongste nuus oor land­boutegnologie. Met gereelde artikels wat die grootste en beste handels­merke in die Suid-Afrikaanse land­boubedryf dek, hoef jy nie verder as jou rusbank te reis om die nuutste landbounuus te kry nie. Skakel in op ons YouTube-kanaal, besoek ons webwerf by www.proagri. co.za, en volg ons op ons sosiale-mediaplatforms om op hoogte te bly van die nuutste landboutegnologie. ProAgri-groete Jaco Cilliers – jaco@proagri.co.za
https://www.proagri.co.za/proagri-260-oktober-2021/
2021-10-07 08:17:06
Voorkom en beheer veldbrande 5: Nalatigheid en aanspreeklikheid
This post is also available in: English Regsaksies voortspruitend uit veld­brande word gegrond op daardie vertakking van die reg bekend as die deliktereg. Vir ՚n grondeienaar (eiser) om skade te verhaal van ՚n ander party (verweerder), moet hy bewys dat die verweerder ՚n delik gepleeg het. Die elemente van ՚n delik is: ՚n Handeling (՚n doen/daad of ՚n late/versuim) Onregmatigheid Skuld (opset of nalatigheid – die bespreking hieronder sal beperk word tot nalatigheid) Kousaliteit (oorsaaklikheid) Skade Al die bogemelde elemente moet normaalweg deur ՚n eiser bewys word om met ՚n regsaksie te slaag. In die saak, Kruger v Coetzee 1966 (2) (SA) 428 (A), het die Appèlhof, by monde van regter GN Holmes, beslis dat aanspreeklikheid gegrond op nalatig­heid ontstaan indien: ՚n redelike man in die posisie van die verweerder die redelike moontlikheid sou voorsien het dat sy optrede ՚n ander persoon kan benadeel en skade veroorsaak; en redelike voorsorgmaatreëls sou ge­tref het om daarteen te waak; en die verweerder nagelaat het om sodanige stappe te doen. Die verweerder sal van nalatig­heid verwyt word as die redelike man, indien hy in dieselfde omstan­dighede as die verweerder ver­keer het, anders as die verweerder sou opgetree het. Vir die eiser om nalatigheid te bewys aan die kant van die verweerder, sal hy derhalwe die bewyslas dra om aan te toon dat die redelike man in die spesifieke omstan­dighede anders sou gehandel het as die verweerder. Artikel 34 van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (No 101 van 1998) skep egter ՚n vermoede van nalatig­heid deur die bewyslas om te keer. Die artikel bepaal: Indien ՚n persoon wat ՚n siviele geding aanhangig maak, bewys dat hy ՚n verlies gely het as gevolg van ՚n veldbrand wat deur die verweerder veroorsaak is; of begin het op of versprei het van grond wat deur die verweerder besit word, word daar vermoed dat die verweerder nalatig was met betrekking tot die veld­brand totdat die teendeel bewys word, tensy die verweerder ՚n lid is van ՚n brandbeskermingsvereniging in die gebied waar die brand voorgekom het. Die vermoede in sub-artikel (1) stel die klaer nie vry van die be­wyslas dat enige daad of versuim deur die verweerder onregmatig was nie. In effek bepaal die artikel dat wanneer ՚n eiser in siviele hofverrigtinge bewys: dat hy skade gely het; en dat sodanige skade die gevolg was van ՚n veldbrand; en dat die betrokke veldbrand veroor­saak is deur die verweerder, of begin het op of versprei het van die verweerder se grond; word dit vermoed dat die verweerder nalatig was met betrekking tot die veldbrand totdat die teendeel bewys word. Die onus rus dus op die ver­weerder om te bewys dat hy nie nalatig was nie (omgekeerde bewyslas). Die eiser sal egter steeds moet bewys dat die verweerder se handeling onreg­matig was. Hierdie vermoede van nalatigheid aan die kant van ՚n boer wat in siviele hofverrigtinge geld, geld slegs indien hy nie ՚n lid is van ՚n brandbeskermingsve­reniging in die gebied waar die brand voorgekom het nie. Dit moet egter beklemtoon word dat lidmaatskap van ՚n brandbeskermingsvereniging nie beteken dat ՚n verweerder nie nalatig bevind kan word nie. ՚n Lid van ՚n brandbeskermingsvereniging kan wel nalatig bevind word, maar hy sal nie opgesaal word met die onus om te bewys dat hy nie nalatig was nie. Die eiser sal moet bewys dat hy nalatig was en sal natuurlik ook die ander elemente van die delik moet bewys. Alvorens die vermoede van toepassing is, moet die eiser bewys dat sy skade veroorsaak is as gevolg van ՚n veldbrand. In die saak Gouda Boerdery BK v Transnet 2005 (5) SA 490 (HHA), het ՚n brand ontstaan in ՚n spoor­wegreserwe en vandaar versprei na aanliggende eiendom waar dit skade aangerig het. Die eiser het gesteun op die vermoede van nalatigheid. Die Hoogste Hof van Appèl, by monde van regter DG Scott, het bevind dat, vir die vermoede om te geld, die brand wat begin het op of versprei het van die verweerder se eiendom op daardie stadium ՚n veldbrand moes wees en nie ՚n ander soort vuur nie. Met ander woorde, die vermoede geld nie indien die vuur wat begin op of versprei het van ՚n verweerder se eiendom nie ՚n veldbrand is op die verweerder se eiendom nie. Ten einde te bepaal wat ՚n veldbrand is moes die Hof eers bepaal wat “veld” is. Na oorweging van vyf gesagheb­bende woordeboeke se definisie van die woord “veld”, asook twee vorige hofuitsprake, het die Hof tot die gevolgtrekking gekom dat ՚n spoorwegreserwe nie kwalifiseer as “veld” nie en dat die brand wat daar ontstaan het nie ՚n veldbrand was nie. Gevolglik was die verweerder nie getref deur Artikel 34 se vermoede van nalatigheid nie. Na ons mening, is die effek van hierdie hofuitspraak dat ՚n brand wat ontstaan op ՚n plaaswerf, langs ՚n gebou (hetsy residensieel of industrieel) of op bewerkte grond (byvoorbeeld aange­plante landerye, boorde, wingerde, ensovoorts), nie ՚n veldbrand is vir doeleindes van Artikel 34 nie. Indien ՚n brand in sodanige area ontstaan en van daar af versprei na ՚n ander persoon se eiendom, sal die eienaar daarvan gevolglik nie deur die vermoede van nalatigheid getref word nie. Die vraag wat gewoonlik by ‘n boer ontstaan is: “Hoe kan ek myself beskerm teen potensiële reg­saanspreeklikheid weens ՚n veldbrand wat op my grond ontstaan of van my grond versprei?” Die meeste versekeringsmaatskappye wat boere verseker, verskaf dekking vir regsaanspreeklikheid wat voortvloei uit veldbrande. Hierdie dekking is normaal­weg onderworpe aan die voorwaarde dat die boer moet voldoen aan al die vereistes van die wet. Sou ՚n veldbrand op ՚n boer se plaas ontstaan of van daar versprei, is dit belangrik, gesien vanuit die oogpunt van die grondeienaar se versekeraar en ook vanuit ՚n regsoogpunt, dat die versekeraar so gou moontlik van die brand verwittig moet word. Sodoende sal dit aan die versekeraar die geleentheid bied om so gou moontlik die omstandighede van die brand te ondersoek. Versekeraars maak dikwels gebruik van branddeskundiges om die oor­sprong van ՚n brand te ondersoek en as die oorsprong van die brand bepaal is, gee dit dikwels ook ՚n aanduiding van hoe dit begin het. Hoe gouer ՚n brand­deskundige op ՚n brandtoneel kom, hoe makliker is dit vir hom om die oor­sprong te bepaal. Gevolglik is ons raad aan enige boer of grondeienaar wat ՚n brand op sy grond ondervind, om sy versekeraar so spoedig moontlik daarvan te verwittig. Indien hy nie oor versekeringsdekking vir regsaanspreeklikheid beskik nie, sal dit raadsaam wees om so gou moontlik regsadvies in te win. Artikel verskaf deur Christo Potgieter en John Smit, direkteure, Versekeringsreg en Regsaanspreek­likheid, BDP Prokureurs, Kaapstad. Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en nie regsad­vies nie. Kontak u regsadviseur vir regsadvies.
https://www.proagri.co.za/voorkom-en-beheer-veldbrande-5-nalatigheid-en-aanspreeklikheid/
2021-10-18 16:05:15
Dís hoekom OUTsurance besluit het om die landboubedryf te betree
This post is also available in: English “Ons besef dat boere ‘n uiters belangrike rol speel in die land se ekonomie,” sê Louan van Rooyen, hoofaktuaris van Business OUTsurance. “Ons sien onsself as ‘n sleutelvennoot met die nodige kennis en ervaring om boere daadwerklik te kan help met ‘n bekostigbare en pasgemaakte versekeringsoplossing vir hulle unieke behoeftes.” Van Rooyen sê dat OUTsurance histories bekend is as ‘n korttermynversekeraar wat die Suid-Afrikaanse publiek bedien deur middel van ‘n inbelsenturm. Wat egter nie so algemeen bekend is nie, is dat OUTsurance ook ‘n span Business OUTsurance-makelaars het wat besighede en dus ook boerderye, regoor Suid-Afrika bedien. OUTsurance het ook onlangs hul produkaanbieding vir die landboubedryf uitgebrei deur nie net vaste bates te verseker nie, maar ook voorsiening te maak vir vee en wild, sowel as wanneer hierdie diere vervoer word. Eienaars van jagplase kan ook pasgemaakte dekking bekom wat versekering vir persoonlike ongevalle en regsaanspreeklikheidseise in geval van nalatigheid, insluit. “Juis omdat elke boerdery só uniek is, het ons besef dat dit eintlik beter is om ‘n toegewyde persoon te stuur na die plaas om die boer persoonlik te ontmoet. Iemand wat die bedryf soos die palm van sy hand ken en wat sal seker maak dat jy presies die regte, omvattende versekering in plek het om jou besigheid te beskerm. Ons het verder gevind dat daar min dinge in die lewe is wat kan kersvashou met ‘n persoonlike, een-tot-een verhouding, veral as dit kom by jou besigheid.” “In hierdie onsekere tye voel ons dat landbouversekering al hoe belangriker gaan word om boere te help om hulle bates te beskerm en hulle plase uit te brei. Alhoewel ons deel in die kommer rondom die groot uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere in die gesig staar, spoor dit ons ook aan om ‘n beduidende verskil in die bedryf te maak. Ons wil graag hande vat met ons land se boere om saam aan die ander kant uit te kom.” Hoe verskil ‘n Business OUTsurance makelaar van ‘n “tradisionele” makelaar? ‘n Business OUTsurance-Makelaar verrig baie dieselfde funksie as ‘n “tradisionele” makelaar in die sin dat hulle jou plaas persoonlik sal besoek en na al jou versekeringsbehoeftes sal omsien, van begin tot einde. Dit sluit alles in van kwotasies aanvra, wysigings aan jou bestaande dekking, en bystand gedurende die eiseproses. Anders as gewone makelaars is OUTsurance-makelaars werknemers van OUTsurance en verkoop hulle slegs OUTsurance-produkte. “Wat hierdie voordelig maak is die feit dat ons makelaars die OUTsurance-produk eet, slaap en praat”, sê Van Rooyen. “Kommersiële versekering kan soms gekompliseerd raak en die probleem is dat hoe meer produkte jy moet baasraak, hoe makliker kan jy ‘n fout begaan – ons is almal tog maar net mense.“ “Jou Business OUTsurance-makelaar is daar om jou te help. Hulle is jou direkte kontakpunt met OUTsurance en hulle staan reg om jou te help, sodat jy altyd iemand het op wie jy kan staatmaak, enige tyd van die dag of nag.” Klik hier vir meer inligting oor landbouversekering by OUTsurance of om ‘n afspraak te reël met jou eie toegewyde Business OUTsurance-makelaar. OUTsurance is ‘n gelisensieerde versekeraar en FDV. B’s en V’s geld.
https://www.proagri.co.za/dis-hoekom-outsurance-besluit-het-om-die-landboubedryf-te-betree/
2021-10-28 12:44:01
Pothou en Blema Ba Kan Sussex-veiling
This post is also available in: English Op 30 September 2021 te Tava Lingwe game lodge, Vredefort was die Pothou en Blema Ba Kan Sussex veiling gehou. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bloemfontein en Allan Sinclair was die afslaer. Die omset was R2 659 500. Geluk aan Blema ba Kan- Sussex Stud wat die duurste bul gekoop het. Hier is die veilingsverslag:
https://www.proagri.co.za/pothou-en-blema-ba-kan-sussex-veiling/
2021-10-24 00:00:00
90% kans vir ‘n La Nina-verskynsel
This post is also available in: English Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS) Dit is nou meer as 90% seker dat ‘n La Nina-verskynsel gaan heers tot ten minste Maart 2022. Die intensiteit lyk ook ten minste matig tot matig/sterk. Reënvalvooruitsigte is gunstig vir die eerste deel van die somer oor die oostelike dele en meer na die mid- tot laatsomer oor die westelike dele maar daar kan reeds enkele reënstelsels in November meer weswaarts voorkom. 1. Huidige toestande Redelike goeie somerreënval het in Oktober 2021 begin voorkom maar daar het steeds ook reën in die Winterreënvalgebied voorgekom. Vir die eerste keer in baie jare het betekenisvolle reën in die baie droë suidwestelike dele van die Noord-Kaap asook aangrensende gebiede van die Wes- en Oos-Kaap voorgekom in die laaste deel van Oktober. Meer as 20mm het ook voorgekom in die Kalahari op plekke soos Askham en Vanzylsrus en meer as 50mm op Upington en 25mm op Augrabies. Verder suid in die Boesmanland en Karoo op plekke soos Pofadder (48mm), Williston (45mm), Brandvlei (33mm) en Calvinia (19mm) het dit ook goed gereën. Redelike swaar neerslae het ook in die Wes-Kaap voorgekom tussen 18 en 24 Oktober soos Malmesbury 30mm, Villiersdorp 57mm en Paarl 24mm maar meer belangrik is die reën wat in die Kleinkaroo voorgekom het soos Ladismith (57mm), Oudtshoorn (41mm) en Laingsburg (21mm). Aberdeen, Willowmore en Joubertina in die Oos-Kaap het ook omtrent 20mm gekry wat die eerste betekenisvolle reën in ‘n lang tyd is. Rypskades het in die tweede en derde week van Oktober voorgekom in die suidwes Vrystaat sowel as dele van die Noord-Kaap wat skade aan druiwe, winterkoring en pekanneute veroorsaak het. Die brandgevaar bly baie hoog in die westelike grasveldgebiede as gevolg van hoë temperature en sterk winde. Alhoewel daar plek-plek reën voorgekom het, bly die brandgevaar baie hoog. Die vlak van opgaardamme in die Somerreënvalgebied is oor die algemeen baie goed met damme in die Vrystaat omtrent nog gemiddeld 90% vol met die Gariep- en Vaaldam op meer as 80% vol en die Vanderkloofdam op 94%. Daar is vanjaar ‘n baie groot vloedrisiko indien swaar reënneerslae voorkom in die opvanggebiede van die groter opgaardamme want die bufferkapasiteit van damme is min. Sommige damme in die Oos-Kaap bly op kritieke lae vlakke of byna leeg met die Koegadam op slegs 6.5% wat ‘n geringe verbetering begin toon teenoor vorige maande. Wes-Kaap se damme is op baie gunstige vlakke en gemiddeld 81% vol maar die reënseisoen is byna verby. Die watervlak van die Karibadam is op 35% teenoor 28% verlede seisoen dieselfde tyd terwyl die Katzedam in Lesotho op 66% is en die Mohale dam op 32% wat beter is ‘n maand gelede. Die Hardapdam in die suide van Namibië is op 55% van vol volume. 2. ENSO en Indiese Oseaan 2.1 ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie) Al die Nino-gebiede met die uitsondering van Nino1+2 is tans meer as 0.5°C koeler as normaal. Die waarskynlikheid vir ‘n volskaalse La Nina van nou af tot in Maart/April 2022 is meer as 90% met die verwagte intensiteit ongeveer dieselfde of selfs sterker as in 2020/21. Verder lyk dit ook asof die draaipunt later as in die vorige seisoen toe dit ongeveer einde November begin draai het, bereik gaan word teen Desember/Januarie. Die later draaipunt is betekenisvol want dit kan beteken dat die somerreënval langer kan aanhou en ook verder weswaarts kan uitbrei. Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) as indikator van die invloed van see-oppervlaktoestande op oorliggende weerstelsels in die Nino-gebiede, bly ook in ‘n positiewe fase of La Nina-neigend vir die vierde agtereenvolgende maand. 2.2 Indiese Oseaan Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) is steeds op die grens van ‘n negatiewe fase, hoofsaaklik as gevolg van verwarming wat in die oostelike Indiese Oseaan nader aan Australië begin plaasvind het en verdere afkoeling teen die Afrika kus. Hierdie opstelling van see-temperature veroorsaak dat die Indiese Oseaan Hoogdrukstelsel verder weswaarts oor die westelike Indiese Oseaan nader aan die Afrika kuslyn geleë is asook oor die Ooskusgebiede van Afrika noord van Mosambiek. 3. Reënval- en klimaatsvooruitsigte 3.1 Somerreënvalgebied Reënval Met die versterkende La Nina en die piek wat later bereik kan word as in die vorige seisoen, is die reënvalvooruitsigte baie gunstig vir die somerseisoen. Die terugkeer van die Indiese Oseaan Dipool (IOD) na die negatiewe fase na ‘n kortstondige neutrale fase, sal ook reënvalwaarskynlikhede vergroot. Die verspreiding van reën oor tyd gedurende die seisoen asook die geografiese verspreiding is moeiliker om te voorspel want daar gaan natter en droër periodes in verskillende gebiede in Suid-Afrika wees. Op sy eie is ‘n La Nina-verskynsel gewoonlik verantwoordelik vir bogemiddelde reënval vanaf November tot die eerste deel van Januarie oor die oostelike dele met droër toestande rondom Februarie en Maart terwyl die reënseisoen meer vanaf die einde van Desember tot einde Maart oor die sentrale tot westelike dele is met die droë periode aan die begin van die somerseisoen. Met die huidige opstelling van seetemperature in die Indiese Oseaan waar koeler water nader aan die Afrikakuslyn is, is die vog en reën meer gekonsentreer oor Wes- en Sentraal Afrika wat ‘n hoër kans vir reën oor die westelike dele van Suidelike Afrika kan meebring asook vroeër reën. Dus word gemiddelde tot bogemiddelde reënval verwag oor die sentrale tot oostelike dele van Suid-Afrika wat ‘n piek kan bereik in Desember. Verbeterde reënvaltoestande kan weswaarts uitbrei oor die sentrale tot westelike dele vanaf Desember tot Maart. Temperatuur Met die uitsondering van ‘n paar baie warm dae in die tweede week van Oktober, is temperature oor die algemeen gemiddeld tot ondergemiddeld. Hierdie tendens behoort voort te duur oor die sentrale tot oostelike dele omdat daar steeds koue lug in sirkulasie is maar ook as gevolg van reën en meer bewolkte toestande. Minimumtemperature tussen 10°C en 15°C word verwag tot ten minste die middel van November en dit kan veroorsaak dat grondtemperature ondergemiddeld is wat ongunstig is vir goeie ontkieming van somergewasse wat nou geplant moet word. 3.2 Winterreënvalgebied Redelike sterk frontale stelsels bly prominent en kan ligte reën veroorsaak in die laaste deel van Oktober asook eerste deel van November oor die grootste deel van die Winterreënvalgebied. Dit is nie goeie nuus vir wintergraanboere wat in die piek oesseisoen van koring is nie en kan die reën en hoë lugvog kwaliteitsprobleme veroorsaak. Met die ontwikkeling van ‘n La Ninaverskynsel is dit baie moontlik dat somerreënval kan voorkom in die mid- tot laatsomer as gevolg van somerstelsels wat baie ver weswaarts oor Namibië en die Nood-Kaap suidwaarts beweeg. 3.3 Namibië Ligte neerslae van tussen 10mm en 20mm is moontlik in die laaste week van Oktober oor die noordelike en oostelike dele. Min reën word verwag vir bykans die land tot in die laaste week van November. Reënvalvooruitsigte lyk baie goed vanaf ongeveer Desember tot Maart. Baie warm toestande gaan heers vir die grootste deel van November. 4. Opsomming en samevatting Die waarskynlikheid dat ‘n La Nina-verskynsel gaan voorkom het gestyg tot meer as 90% en ‘n matige tot sterk La Nina is nou moontlik. Dit lyk na dieselfde of sterker intensiteit as in 2020/21. Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks het teruggekeer na ‘n swak negatiewe fase wat ook positief is vir somerreënval. Dus word gemiddelde tot bogemiddelde reënval verwag in die sentrale tot oostelike dele in die eerste deel van die somer met goeie toestande wat weswaarts kan uitbrei in die mid- tot tweede deel van die somer. 5. Vrywaring: Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie.
https://www.proagri.co.za/90-kans-vir-n-la-nina-verskynsel/
2021-10-27 16:35:44
Vision Cattlequip: Krale & kraalontwerpe
This post is also available in: English Daar is niks so frustrerend vir mens en stresvol vir die bees as om in ‘n fasiliteit te werk wat in ‘n swak toestand is nie. Om hanteringsfasiliteite op te rig is dalk ‘n groot kapitale uitgawe, maar spaar jou baie frustrasie, arbeid en tyd. Vra maar vir talle boere wie se fasiliteite deur Vision Cattlequip opgerig is, hoe lekker en gemaklik hulle met minder arbeid dieselfde troppe beeste en meer op ‘n dag kan hanteer. Hulle almal se antwoord sal wees dat hulle dit lankal moes doen. Algemene inligting omtrent Vision Cattlequip se krale: 1. Uitleg van kraal ■ Hulle ontwerp al hulle krale op die Temple Grandin beginsels van die geboë of gekurfde drukgang. Die drukring wat die beeste in die drukgang in forseer met twee spilpunt hekke. ■ Beeste onthou slegte ervarings vir ‘n baie lang tyd. Goed ontwerpte krale sal help om beeste rustiger te maak en makliker te hanteer. Rustigheid en geduld moet aan die dag gelê word wanneer met die beeste gewerk word. Beeste is baie sensitief vir rowwe hantering. ■ Diere is geneig om ‘n ontsnappingsroete te soek as hulle die kraal inkom. Jou beeste moet gewoond wees aan die mense en die kraal waarin jy werk. ■ Geraas, skaduwee, waterpoele of bewegende voorwerpe kan ook maak dat jou bees nie die kraal wil binnekom nie. ■ Krale moet so ontwerp wees dat hulle verskillende troppe met gemak kan hanteer en dat jy genoeg plek in jou kraal het vir verskillende aksies bv. entings, dragtighede, klas van ou diere en hersirkuleering van jou beeste. 2. Opvangs- en sorteerkrale ■ Hulle opvangskrale bestaan gewoonlik uit twee tandem-krale. ■ Opvangskrale wat te groot en te wyd is, veroorsaak dat jou beeste rondhardloop in die kraal omdat dit te breed en te lank is. Beeste kan nêrens vasgedruk word teen ‘n reguit lyn nie om hulle na die volgende kraal deur te forseer en dit veral as jy dalk net een of twee veewagters het en hulle verskillende take moet verrig wanneer die beeste in die kraal is. ■ Lang, maer houkrale is beter omrede die bees dan nie sommer by jou sal verby kom nie (flight zone) en as jy amper in die middel van daai kraal staan met ‘n kierie in jou hand kan jy gemaklik beeste aanjaag deur net jou hand en kierie uit te steek. 3. Hoeke ■ Vision Cattlequip het geen hoeke in die kraal kleiner as 90 grade nie behalwe waar daar nie ander gedoen kan word nie, en dan sit ons ook ‘n hek in. Wanneer jy met ‘n bees werk is die neiging altyd by hulle om in ‘n hoek saam te drom. Hoeke moet ten alle koste vermy word in ‘n kraal. ■ Hoeke moet verkieslik “stomp of plat” wees. Indien ‘n hoek nie vermy kan word nie, moet jy kyk of jy nie eerder ‘n hek daar kan insit nie. ■ Beeste vloei makliker in sirkelvormige krale en vergemaklik die hantering daarvan. ■ Baie van die ou krale is nog vierkantig. Hulle werk nog, maar baie moeilik veral wanneer jy dan ‘n spesifieke bees wil uitkeer, en sy wil wegkom van jou af dan gaan hulle mos gewoonlik tussen die ander beeste in tot in die hoek. Gewoonlik sukkel jy dan om hulle daar uit te kry, sonder om dalk die kans te staan vir ‘n skop wat jy nie verwag nie. 4. Hekke, toegang en sortering Jy gaan met ‘n betreklike stywe tandheelkundige rekening sit of glad nie meer biltong en steak kan eet, wat natuurlik baie moeilik vir enige beesboer sal wees, as jou hekke nie reg funksioneer nie. Hekke is een van die belangrikste dele in jou kraal. Hekke wat nie behoorlik funksioneer nie is ‘n gevaar vir mens en dier. ■ Hekke moet vinnig oop-en-toe kan maak en stewig wees. ■ Hekke moet op die regte plekke in jou kraal aangebring word om toegang tot ‘n bees in die drukgang te kan verkry, of om die beeste in die kraal te kry, of vir jou om in die kraal te kom sonder om oor te die pype te klim. ■ Hekke speel ook ‘n belangrike rol in die klas en sorteer van jou beeste voor by jou drukgang se uitgang. ■ Vermy lang, swaar hekke. ■ Hekke moet stewig kan sluit wanneer jy hom vinnig oop of toe moet maak. ‘n Ketting en “gate latch” is ideaal vir die doel. Die ketting moet lank genoeg wees om om die paal te kan gaan en aan die hek vasgesweis wees, met genoeg skakels oor aan die agterkant sodat hy nie te styf in gaan en jy sukkel as jy hom weer moet uithaal nie. Wanneer jy die ketting om die paal swaai gly hy sommer maklik in die ‘latch’ in en haal maklik uit wanneer jy haastig is. ■ Verbind altyd jou hekke waar moontlik oorhoof met mekaar. Dit maak jou kraal stewiger en verhoed dat jou hek nie jou paal uit lyn trek nie. 5. Drukring ■ ‘n Drukring, of te wel “forcing ring”, voor jou drukgang is noodsaaklik. Dit help met die vloei van die beeste in jou drukgang in. ■ Die deel moet verkieslik vol sirkel of half sirkel wees met een of twee roterende hekke wat toegemaak is met plaat sodat jou beeste mekaar nie kan sien nie, maar slegs die ingang na jou drukgang. ■ Baie krale het nie so ‘n ring nie maar slegs ‘n drukgang in die hoek van die kraal of net ‘n kleinerige hou kraaltjie wat dan af tregter na jou drukgang. Gaan kyk maar die beeste draai en maal gewoonlik voor die drukgang en sukkel om in te gaan. Tyd en energie word so onnodig vermors. 6. Drukgang ■ Die gedeelte is die belangrikste deel in jou kraal. As jou drukgang nie reg ontwerp is nie, funksioneer hy ook nie reg nie, veroorsaak beserings by mens en dier en verhoog stres by die bees. Gaan kyk maar na jou ou houtkrale of gelapte pypkrale. Hoeveel maal het die bees nie jou arm daar vasgeknyp tussen twee houte nie? Probeer entings doen of dragtigheid tussen die houte deur. Daardie spasie is nooit reg of voldoende nie. Altyd net te klein. ■ Drukgange wat geboë is werk beter as ‘n reguit drukgang. Dit skep die persepsie by die bees dat hy teruggaan vanwaar hy gekom het. Hy kan ook nie sien wat voor hom aangaan nie en volg die bees voor hom. ■ Die drukgang moet so ontwerp wees dat ‘n bees slegs sowat twee beeslengtes voor hom kan sien. Die eerste 2 meter van jou drukgang is reguit en daarna begin hy draai. ■ Daar moet ook voorsiening gemaak word vir ‘n “backup” hek en ‘n werkshekkie aan die kant van jou drukgang. Die “backup gate” of skuifhekke in jou drukgang verhoed dat jou bees teruggaan en sluit jou drukgang in kompartemente af dat hy nie so lank is nie. ■ Die werkshekkie wat oopmaak binne jou drukgang, sluit jou drukgang af wanneer ‘n koei in die nekklamp is wat moontlik sukkel om te kalf, of jy wil net van agter met die bees werk terwyl daar ander beeste in die drukgang is. Vir die doel is die hekkie 100%. ■ Die spasiërings op die boonste twee pype van die drukgang moet van so aard wees, sodat wanneer die bees sy kop deurdruk hy dit net so maklik kan terug trek sonder om die ‘grinder’ te gebruik om haar/hom te bevry. ■ Wanneer jy met hulle werk en jy jou arm deur die pype moet steek om ‘n bees by te kom, jou arm nie vasgedruk moet word wanneer ‘n bees vorentoe of agtertoe beweeg en jouself beseer in die proses nie. ■ Die veearts kan ook met gemak dan dragtigheid doen. Jou beeste is meer geneig om in die geboë drukgange te visgraat of almal se koppe in een rigting kyk. ■ Dit vergemaklik hantering by die beeste veral tydens dragtigheidsondersoeke. ■ ‘n Aanvaarbare hoogte vir ‘n drukgang is 1.6m bo die grond. ■ Drukgange wat te lank is kan veroorsaak dat van die beeste gaan lê as hulle baie styf of te lank staan. ■ Dit neem ook baie tyd in beslag om vol te maak. ‘n Drukgang wat te kort is gaan nie vir jou vloei gee nie. Jy gaan kort-kort moet drukgang volmaak wat baie tydrowend kan wees en veral as jou ingang na jou drukgang nie reg is nie. ■ In Vision Cattlequip se beplanning maak hulle voorsiening vir sowat 12 – 15 groot beeste in die drukgang wat dan ‘n lengte van 18 – 20m is. Jou grootbees drukgang moet nie breër wees as 750mm binnemaat nie. As dit breër is kan dit veroorsaak dat jong en self groot beeste omdraai. ‘n Kalfdrukgang is ook ‘n moet. In die drukgang werk jy tot en met speenkalf grootte. Die kalwers draai altyd om, gaan lê en trap op mekaar en dit is altyd ‘n gespook as jy hulle in die grootbees drukgang werk. Die kalfdrukgang hoogte is 1.2m – 1,5m bo die grond en 450 – 500mm breed. 7. Helling en dreinering ■ Die kraal moet nie ‘n te steil helling hê nie. ■ Die drukgang moet altyd opwaarts teen die helling beweeg en nie saam nie. ■ ‘n Bees loop makliker op as af. Beeste is geneig om op mekaar te klim as die helling te skuins af is. ■ ‘n Helling is ideaal, wanneer die kraal altyd skoon na ‘n harde bui reën. ■ Krale wat nie gereeld skoongemaak word nie of swak dreineer is geneig om met verloop van tyd “vlak” te word a.g.v. mis en grond en veral gras (kikoejoe) wat veroorsaak dat water opdam nie kan dreineer nie. ■ Beeste hou nie hiervan nie, en veral nie van ʼn modderpoel voor die ingang van jou kraal waar hulle moet in en jy sal sien dat hulle altyd sal probeer oorspring in plaas van net deurloop. Dit is omdat ʼn bees nie diepte persepsie het nie. ■ Wanneer jy jou kraal en drukgang oprig moet jy poog om voor die tyd te probeer gruis inry om vir jouself ‘n soliede “vloer” te kry, as hy nie klipperig is nie. ■ Die ethopia is natuurlik om jou hele vloer uit te grou, sowat 200mm diep en hom dan op te vul met gruis. Dit is nie altyd prakties haalbaar nie. Dit gee ‘n soliede vloer aan jou kraal en verhoed sodoende dat die grond uitgewerk word deur die hantering van die beeste en keer dat jou drukgang te diep word en sukkel om jou beeste by te kom, omrede hulle met verloop van tyd die grond uitwerk uit die drukgang. Vermy ‘n sement vloer. Beeste gly en kry seer al riffel jy die sement vloer. 8. Materiaal Alhoewel dit duur is om hanteringsfasiliteite op te rig, moet jy nie probeer spaar op materiaal deur dunner pype te gebruik, of om ou telefoon pale wat jy afgesny het te gebruik nie. Op die korttermyn kan jy dalk spaar, maar langtermyn gaan die kraal slordig vertoon en dalk nie meer so effektief wees soos aan die begin nie, en daai 2mm dunwand pypies is almal gebuig. Dit is noodsaaklik om volpype te gebruik in jou dele waar hoë druk is, soos in die drukgange, laaibank en drukring. Hier gebruik jy ‘n 48 x 3mm of 3.5mm, of soos hulle in die ou tyd van ʼn twee duim pyp gepraat het. In die hou-krale kan jy kabel met een of twee pype gebruik. Span jou kabels so dat jy hulle altyd kan bly styftrek indien hulle na verloop van tyd skiet gee. Vir meer inligting besoek https://www.visioncattlequip.com/ Kontak ook Ryno Keeve by 078-460-3322 of stuur ‘n e-pos na: ryno@visioncattle.co.za
https://www.proagri.co.za/vision-cattlequip-krale-kraalontwerpe/
2021-10-30 00:00:00
Groot kans vir La Nina-verskynsel
This post is also available in: English Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige Die waarskynlikheid dat ‘n La Nina-verskynsel gaan ontwikkel het verhoog na ongeveer 80% en dit behoort vanaf Oktober 2021 tot Maart 2022 te heers. Reënvalvooruitsigte is gunstig vir die eerste deel van die somer oor die oostelike dele en meer na die mid- tot laatsomer oor die westelike dele Huidige toestande Baie warm toestande het begin voorkom in die laaste deel van September oor die sentrale tot noordelike en noordwestelike dele van die land. Ondergemiddelde temperature kom steeds voor oor die grootste deel van die Winterreënvalgebied met ‘n meer as 10%-70% afname in hitte-eenhede teenoor die vorige twee jare vir die periode vanaf 1 Augustus tot einde September. In die Ceresgebied van die Wes-Kaap is die getal hitte-eenhede vanaf 1 Augustus tot 28 September ongeveer 10% minder as in 2010 en 65% minder as in 2019. In die Breederiviervallei naby Robertson is die getal hitte-eenhede ongeveer 7% minder as in 2020 en 35% minder as in 2019 en in die Grabouw-omgewing ongeveer 60% en 78% minder as in 2020 en 2019, respektiewelik. Hierdie gebrek aan hitte-eenhede gaan ‘n impak uitoefen op die groei en ontwikkeling van gewasse in die Wes-Kaap. Somergraanboere is in ‘n unieke posisie vir hierdie tyd van die jaar dat die grootste deel van landerye alreeds bewerk is en voorplant kunsmis toegedien is. Die reën in April sowel as in Augustus het gesorg dat boere een tot drie maande vroeër kon bewerk. Dit kan ‘n impak hê op plantdatums sowel as grondwater en grondvrugbaarheid. Droogtetoestande duur voort in die suidwestelike dele van die Noord-Kaap sowel as die sentrale tot suidelike dele van die Oos-Kaap en dele van die Kleinkaroo. Weidingstoestande is baie swak in hierdie gebiede en boorgat- en oppervlakwater is omtrent totaal afwesig. Die vlak van opgaardamme in die Somerreënvalgebied is oor die algemeen baie goed met damme in die Vrystaat omtrent nog gemiddeld 90% vol met die Gariep- en Vaaldam op meer as 80% vol en die Vanderkloofdam op 98%. Die Bloemhofdam loop steeds oor op 102%. Daar is vanjaar ‘n baie groot risiko vir vloede indien swaar reënval gaan voorkom omdat damme se bufferkapasiteit baie min is. Sommige damme in die Oos-Kaap bly op kritieke lae vlakke of byna leeg met die Koegadam op slegs 5.6%. Wes-Kaapse damme is op baie gunstige vlakke alhoewel die reënseisoen byna op ‘n einde is. Die watervlak van die Karibadam is op 39% teenoor 31% verlede seisoen dieselfde tyd terwyl die Katzedam in Lesotho op 64% is en die Mohale dam op 30%. Die Hardapdam in die suide van Namibië is op 58% van vol volume. ENSO en Indiese Oseaan ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie) ENSO is steeds op die grens tussen neutraal en swak La Nina. Al die Nino-gebiede was tussen 0.2°C warm toestande het begin voorkom in die laaste deel van September oor die sentrale tot noordelike en noordwestelike dele van die land. Ondergemiddelde temperature kom steeds voor oor die grootste deel van die Winterreënvalgebied met ‘n meer as 10%-70% afname in hitte-eenhede teenoor die vorige twee jare vir die periode vanaf 1 Augustus tot einde September. In die Ceresgebied van die Wes-Kaap is die getal hitte-eenhede vanaf 1 Augustus tot 28 September ongeveer 10% minder as in 2010 en 65% minder as in 2019. In die Breederiviervallei naby Robertson is die getal hitte-eenhede ongeveer 7% minder as in 2020 en 35% minder as in 2019 en in die Grabouw-omgewing ongeveer 60% en 78% minder as in 2020 en 2019, respektiewelik. Hierdie gebrek aan hitte-eenhede gaan ‘n impak uitoefen op die groei en ontwikkeling van gewasse in die Weskaap. Somergraanboere is in ‘n unieke posisie vir hierdie tyd van die jaar dat die grootste deel van landerye alreeds bewerk is en voorplant kunsmis toegedien is. Die reën in April sowel as in Augustus het gesorg dat boere een tot drie maande vroeër kon bewerk. Dit kan ‘n impak hê op plantdatums sowel as grondwater en grondvrugbaarheid. Droogtetoestande duur voort in die suidwestelike dele van die Noord-Kaap sowel as die sentrale tot suidelike dele van die Ooskaap en dele van die Kleinkaroo. Weidingstoestande is baie swak in hierdie gebiede en boorgat- en oppervlakwater is omtrent totaal afwesig. Die vlak van opgaardamme in die Somerreënvalgebied is oor die algemeen baie goed met damme in die Vrystaat omtrent nog gemiddeld 90% vol met die Gariep- en Vaaldam op meer as 80% vol en die Vanderkloofdam op 98%. Die Bloemhofdam loop steeds oor op 102%. Daar is vanjaar ‘n baie groot risiko vir vloede indien swaar reënval gaan voorkom omdat damme se bufferkapasiteit baie min is. Sommige damme in die Oos-Kaap bly op kritieke lae vlakke of byna leeg met die Koegadam op slegs 5.6%. Wes-Kaapse damme is op baie gunstige vlakke alhoewel die reënseisoen byna op ‘n einde is. Die watervlak van die Karibadam is op 39% teenoor 31% verlede seisoen dieselfde tyd terwyl die Katzedam in Lesotho op 64% is en die Mohale dam op 30%. Die Hardapdam in die suide van Namibië is op 58% van vol volume. ENSO en Indiese Oseaan ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie) ENSO is steeds op die grens tussen neutraal en swak La Nina. Al die Nino-gebiede was tussen 0.2°C warmer as normaal (Nino1+2) tot 0.5°C koeler as normaal (Nino4) teen die einde van September wat binne die grense van neutraal is. Voorspellings dui egter op groter waarskynlikhede vir ‘n volskaalse La Nina ontwikkeling. In Julie 2021 was die waarskynlikheid vir La Nina minder as 50% en is huidig op byna 80%. Dit lyk ook asof die intensiteit tussen 0.9°C en 1.3°C koeler as normaal gaan wees teenoor vorige voorspellings wat ‘n intensiteit van tussen 0.5°C en 0.9°C koeler as normaal aangedui het. Die huidige voorspelde intensiteit verteenwoordig ‘n matige tot sterk La Nina. Die voorspellings van die ontwikkeling en intensiteit van ‘n volskaalse La Nina word versterk deur die verdere afkoeling van water in die dieper lae van die oseaan onder die Nino-gebiede. ‘n Versterking van La Nina in September en Oktober is baie betekenisvol en kan die tendens aandui vir die res van die seisoen en is die kanse dus goed dat die La Nina gaan heers vanaf Oktober 2021 tot ongeveer Maart 2022. Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) as indikator van die invloed van see-oppervlaktoestande op oorliggende weerstelsels in die Nino-gebiede is ook reeds La Nina-neigend sedert die middel van Junie. Indiese Oseaan Ongeveer 80% van die hele Indiese Oseaan was teen die einde van September 2021 koeler as normaal met slegs die noordelike Indiese Oseaan wat warmer is. Alhoewel die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks nou neutraal is, is dit omdat daar nie warmer water ooswaarts teenwoordig is nie. Die Indiese Oseaan in die huidige staat sal positief wees vir reënval oor suidelike Afrika. Reënval- en klimaatsvooruitsigte Somerreënvalgebied Reënval Die teenwoordigheid van die positiewe fase van die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) as indikator van La Nina is baie positief vir somerreënval. Die SOI was ook in die positiewe fase in September maande van 2020, 2010, 2080, 1998, 1996, 1988 en 1981 wat veroorsaak het dat bogemiddelde reënval voorgekom het ook die grootste deel van die Somerreënvalgebied. Die neutrale fase van die Indiese Oseaan Dipool (IOD) sal nie ‘n negatiewe invloed uitoefen op reënval nie omdat die grootste deel van die Indiese Oseaan koeler as normaal is en sal eerder positief wees vir reënval. Hoogdrukstelsels sal grotendeels die Indiese Oseaan domineer met ondergemiddelde reënval oor Oos-Afrika. Laagdruksisteme sal meer dominant wees oor die westelike en suidelike dele van Suider-Afrika met bogemiddelde reënval. Gemiddelde tot bogemiddelde reënval kan verwag word oor die sentrale tot oostelike dele van Suid-Afrika vanaf ongeveer die middel van Oktober om ‘n piek te bereik in November/Desember. Verbeterde reënvaltoestande behoort dan weswaarts uit te brei oor die sentrale tot westelike binneland vanaf Januarie tot Maart. Daar is steeds baie onsekerheid of weersisteme so ver weswaarts gaan beweeg om reën te gee in die verre suidwestelike dele van die Noord-Kaap. Dit lyk egter asof daar uitkoms is vir die Oos-Kaap met gemiddelde tot bogemiddelde reënval wat hier verwag word vanaf die laaste deel van Oktober. Baie nat toestande word gedurende Oktober en November verwag oor die noordelike dele van die Ooskaap, die grootste deel van KZN en aangrensende dele van Mpumalanga en die Vrystaat. Korttermynvoorspellings is baie positief oor die sentrale tot suidoostelike en oostelike dele van die land vanaf 30 September tot 7 Oktober, 15 tot 20 Oktober en die eerste week van November. Swaar neerslae en vloede is nie uitgesluit nie. Temperatuur Baie hoë temperature sal steeds gedurende Oktober voorkom oor die noordelike, noordwestelike en westelike dele van die land tot die eerste reën gaan voorkom. Koue grepe kan voorkom met skerp temperatuurdalings soos vanaf 2 tot 4 Oktober met moontlike rypskade in die Suid-Vrystaat, oostelike dele van die Noord-Kaap, sentrale tot noordoostelike dele van die Oos-Kaap en suidwestelike dele van KZN. ‘n Meer matige seisoen word verwag oor die sentrale tot oostelike dele vanaf November maar steeds warm tot baie warm wes- en noordweswaarts. Winterreënvalgebied Reënvaltoestande het begin verswak gedurende September oor veral die suidwestelike dele van die Winterreënvalgebied waar slegs ligte neerslae voorgekom het. Dit lyk ook asof die kanse vir verdere reën redelik swak is oor die Swartland en aanliggende gebiede maar steeds redelik goed is oor die Suidkaap tot ten minste die middel van Oktober. Met die ontwikkeling van ‘n La Ninaverskynsel is dit baie moontlik dat somerreënval kan voorkom in die mid- tot laatsomer as gevolg van somerstelsels wat baie ver weswaarts oor Namibië en die Nood-Kaap suidwaarts beweeg. Namibië Baie min reën word verwag gedurende Oktober tot die middel van November maar die reënvalvooruitsigte lyk baie goed vanaf ongeveer die tweede deel van November. Baie warm toestande gaan heers vir die grootste deel van Oktober en die eerste deel van November. Opsomming en samevatting Die waarskynlikheid dat ‘n La Nina-verskynsel gaan voorkom het gestyg tot omtrent 80% met ‘n matige sterk intensiteit met temperature tussen 0.9°C en 1.3°C. La Nina behoort tot ongeveer Maart 2022 te heers. Die grootste deel van die Indiese Oseaan met die uitsondering van die noordelike dele naby Indië, was koeler as normaal teen die einde van September. Gemiddelde tot bogemiddelde reënval word verwag oor die sentrale tot oostelike Somerreënvalgebied in die eerste deel van die somer wat weswaarts gaan uitbrei in die mid- tot tweede deel van die somer. Kottermynvoorspellings is positief vir reën oor die sentrale tot oostelike dele in die eerste week van Oktober, vanaf 15 tot 20 Oktober asook die eerste week van November. Daar is ‘n moontlikheid van ryp in die suidelike helfte van die land in die eerste week van Maart. Vrywaring: Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie.
https://www.proagri.co.za/groot-kans-vir-la-nina-verskynsel/
2021-10-01 06:50:32
Valley-besproeingskedulering™: Put meer waarde uit water met akkurate data
This post is also available in: English Water is die spil waarom elke boerdery draai en waterbesparing speel ՚n groot rol op elke plaas. Daarom verwelkom boere Valley se skeduleringstelsel vir spilpunte. Dit help jou om seker te maak dat jy nie te min of te veel water vir jou gewasse gee nie, want die een is so nadelig soos die ander. En wat dit nog beter maak, is dat dit tyd en geld bespaar. “Valley se skeduleringstelsel beveel aan waar, wanneer en hoeveel water toegedien moet word, gegrond op data wat ingesamel word. Hulle gee ook ՚n sinvolle, maklik-verstaanbare ontleding waarvolgens die boer sy waterplanne kan maak,” sê David Muller van Uit­draai Boerdery naby Prieska. David boer met mielies, koring, lusern, uie, pekanneute en pistachio­neute. Die meeste van hierdie gewasse is onder Valley-spilpunte. Die Valley-weerstasie maak dat die weerdata uiters akkuraat is wat bydra daartoe dat die boer die regte hoeveelheid water vir sy gewasse toedien. Uitdraai Boerdery is een van drie plase in Suid-Afrika wat die Valley-skedulering™ vir Valley uittoets om seker te maak dat die stelsel perfek werk. Skedulering dra by tot presisietegnologie, want dit sorg dat ՚n plant pre­sies die regte hoeveelheid water kry. Dit werk só: Die boer se inligting, velddata en voorkeure word ingesleu­tel in die skeduleringsprogram. Die sagteware stel die data saam, verwerk dit en wys dan vir die boer wanneer en hoeveel water hy moet toedien om sy gewasse ten beste te laat presteer. Die boer kan kies hoe hy die data wil sien, byvoorbeeld deur ՚n kaart. Die sagteware gee dan vir die boer maklike verstaanbare en uitvoerbare aanbevelings oor sy grond en gewastipe. David gebruik sy slimfoon en reke­naar om die skeduleringstelsel dop te hou. Hy noem wat uitstaan van die stelsel: “Ek hou van die gesofis­tikeerdheid van die algoritme; dit is baie gebruikersvriendelik en gee ook ՚n terugblik op historiese gebeurtenisse. Verder maak Valley gebruik van weer­stasies wat die weerdata dus uiters akkuraat maak, soos gaan die wind waai of nie en wat die temperatuur van die dag is.” David Muller saam met Valley se tegniese beamptes met die oprigting van Valley se skeduleringstelsel op sy plaas. Voordele van Valley se skeduleringstelsel: Maklik vir die boer om te gebruik Verbind met Valley se 365-stelsel wat jou besproeiingsdata vanself intrek Bespaar tyd Verhoog opbrengs en winsgewendheid Verbeter gewasgesondheid en verminder siektes Die stelsel is maklik verkrybaar via die slimfoon, tablet of rekenaar Dit maak die boer nog slimmer Plaas minder druk op hulpbronne deur net die regte hoeveelheid water toe te dien Help die boer om akkurater besluite te neem Moniteer moontlike gewasspanning as gevolg van te veel of te min water Gebruik ՚n weerstasie om die weer te moniteer Valley het bied uitstekende diens aan boere oral in die land. Om meer uit te vind en hulle skeduleringstelsel aan te skaf, kontak Francois Griesel by francois.griesel@valmont.com of 067-412-9089.
https://www.proagri.co.za/valley-besproeingskedulering-put-meer-waarde-uit-water-met-akkurate-data/
2021-10-03 20:23:13
Sakeliga KragDag Ekspo 2021
This post is also available in: English Die eerste groot ekspo aangebied na 19 maande se grendelstaat beperkings Die Sakeliga KragDag ekspo, ‘n selfstandigheid-ekspo is die afgelope naweek van 14-16 Oktober suksesvol 20km oos van Pretoria aangebied. ‘n Rekord getal van 488 ondernemings het by die ekspo uitgestal en dit is weer deur 21 000 mense oor drie dae bygewoon, wat dit waarskynlik die grootste ekspo vanjaar in die land maak. Die ekspo is primêr ‘n alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo en met die leuse Doen jou eie ding! dien dit as uitstalvenster vir talle ondernemings om hulle selfstandigheidsoplossings, op ‘n verskeidenheid lewensterreine, ten toon te stel, asook om besoekers die geleentheid te gee om hulleself toe te rus vir ’n vryheidslewe in antwoord op die uitdagings waarmee hulle daagliks in Suid-Afrika gekonfronteer word. Teen die agtergrond van die komende munisipale verkiesing en politieke partye wat met mekaar kompeteer met beloftes van wat hulle alles vir die publiek gaan gee en doen met dit wat hulle met belasting van die produktiewe publiek afneem, was die tema vir vanjaar se ekspo “Ek kan self, dankie!”. By die ekspo kon besoekers selfstandigheidsoplossings besigtig vir alternatiewe energie, water veiligheid, opvoedkunde, tegnologie, voedselproduksie, gesondheid, konstruksie, ontspanning, vervoer, finansies, Doen-dit-self planne, elektronika, 3D-drukkers, die Internet van Dinge, nuwe patente en hommeltuie en toerusting vind vir entrepreneurskap en lewensbeskoulike filosofie. Ingesluit by die ekspo was ook die grootste landbou-ekspo (in samewerking met TLU-SA) wat vanjaar in die land gehou is met sowat 95 uitstallers en verskeie items en demonstrasies in die Inyati Arena en veerastentoonstellings. In die Sakeliga Plein Raadsaal het verskeie hoë profiel sprekers, waaronder Dawie Roodt, Dr. Herman Edeling en die PANDA aktuaris Nick Hudson, insiggewende en aktuele aanbiedings gelewer. Opnames van hierdie gesprekke is ook lewendig uitgesaai op sosiale media. Die KRAGkidz Junior Entrepreneurskompetisie is vanjaar in samewerking met Fergusmor, Bepicon en Solidariteit Helpende Hand aangebied. Jongmense word aangemoedig om hulle entrepreneursvaardighede op te skerp en hulle produkte en dienste te bemark op die ekspo. Die wenner van die Doelgerig afdeling was Fire Buddies met ‘n kontantprys van R10 000 asook besigheidsafrigting by Fergusmor. Met die motivering dat die redelike mens nie net gelate kan aanvaar, toekyk en toelaat dat mense geforseer word om te krepeer en hulle lewens prys te gee nie, onder die voorwendsel deur politici en burokrate dat dit in die mense se beste belang is, het die organiseerders ‘n paar maande gelede besluit om met die ekspo voort te gaan desnieteenstaande enige foutiewe en irrasionele beperkings waarmee die owerhede sou poog om die hou van die ekspo mee aan bande te lê, soos wat in 2020 deur Tshwane gedoen is en wat maar net nog ‘n wyse is waarop mense se lewens “onteien” word. Dit was uiteindelik, met groot dankbaarheid teenoor die Here, wat die ekspo afskop het, nadat die burgemeester van Tshwane, mnr Randal Williams, in sy openingsrede by die ekspo sy ondersteuning van die ekspo en die waarde daarvan vir die gemeenskap uitgespreek het. Hy het ook klem gelê op die falende staat en Eskom monopolie. In die moeilike besluit oor die leiding neem en deurdruk met die hou van die ekspo moes die organiseerders worstel met die vrae Indien nie nou nie, wanneer? en Indien nie ons nie, wie? Dit is die organiseerders se wens dat die voorbeeld wat die ekspo gestel het, die weg sal baan vir ander ekspo’s en feeste om ook weer te hervat en is dit KragDag se bydrae tot voordeel en vryheid van almal. In ‘n tyd wat mense vasgevang is in vrees en talle groetwoorde afsluit met “Wees veilig!”, word met die ekspo eerder gepoog om mense aan te moedig om kreatief te wees en avontuurlik te leef. Navrae kan gerig word aan HP Steyn by hp@kragdag.co.za of 082-466-2341. Bron: KragDag
https://www.proagri.co.za/sakeliga-kragdag-ekspo-2021/
2021-10-20 07:58:14
Grootste alternatiewe-energie-en-selfstandigheidekspo in die land: KragDag gaan van krag tot krag
This post is also available in: English Vooruitgang en sinvolle vernuwing kan nie gekeer word nie. Ná amper ՚n jaar se gespook met die uitdagings van die pandemie en inperkingsreëls wat aangepas is, kon Sakeliga se KragDag-ekspo uiteindelik vanjaar weer van 14 tot 16 Oktober voortgaan. Die jaarlikse Kragdag-ekspo by Diamantvallei-landgoed, oos van Pretoria, bring sedert 2008 elke jaar duisende skougangers en uitstallers op ՚n feestelike, maar terselfdertyd leersame wyse byeen. Ten spyte van al die uitdagings met die pandemie was vanjaar se KragDag weer ՚n reuse sukses met selfdoenoplossings en vermaak vir die hele gesin. Wat opvallend was, is die skoon terrein, onderlinge bedagsaamheid, vriendelike en gemoedelike atmosfeer en alles wat glad verloop. In die moeilike besluit oor die leiding neem en deurdruk met die hou van die ekspo moes die organiseerders worstel met die vrae: “Indien nie nou nie, wanneer?” en “Indien nie ons nie, wie?” ՚n Rekordgetal van 488 ondernemings het by die ekspo uitgestal en dit is weer deur 21 000 mense oor drie dae bygewoon, wat dit waarskynlik die grootste ekspo vanjaar in die land maak. “Ons wens is dat die voorbeeld wat die ekspo gestel het, die weg sal baan vir ander ekspo’s en feeste om ook weer te hervat,” sê HP Steyn, hooforganiseerder van KragDag. Die ekspo het in 2008 ontstaan toe alternatiewe vir Eskom-kragvoorsiening nog nie vrylik beskikbaar was vir publiek nie en KragDag ՚n handjie vol kragvoorsieners bymekaar gebring het. Dit het intussen gegroei tot ՚n ekspo wat vandag vir besoekers ՚n verskeidenheid doen-jou-eie-ding lewenstyloplossings bied. Die klem val veral op volhoubaarheid, doeltreffende ontwerp vir sinvolle energie- en watergebruik, benutting van alternatiewe energie, baanbrekertegnologie, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde en ondernemerskap. “Ons is baie opgewonde oor die voortdurende groei en potensiaal van die landboubedryf in ons land en is oortuig dat dit in die toekoms nog meer hoogtes sal bereik,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA. “TLU SA is hoogs in ons skik met vanjaar se KragDag-geleentheid.” KragDag is enig in sy soort. Dit is die plek waar kundigheid en vernuwing tentoongestel word, waar oplossings gevind word en geleer word. Boonop kan die hele gesin in die genot hiervan meedoen. ’n Paar van die uitstallers is ook gereelde adverteerders in ProAgri, soos Gallagher, Algar en Alzu. Hier is ’n paar van die landbou-uitstallers en hoogtepunte van die dag: Die skaapskeer- en wolklasdemonstrasie aangebied deur TAL-TEC was ՚n hoogtepunt van die dag. Jonathan Toxopeus, verkoopsverteenwoordiger van Algar, vertel meer oor hulle toerusting wat veehantering vir mens en dier maklik maak. Ons vind meer uit oor Alzu-voere se verskeidenheid lekke en blokke vir skape, beeste en wild. Alzu verskaf ook produkte vir perde, varke en pluimvee. Mark Smit en Lee-Ann Alexander van Gallagher saam met Bianca Henning van ProAgri.
https://www.proagri.co.za/grootste-alternatiewe-energie-en-selfstandigheidekspo-in-die-land-kragdag-gaan-van-krag-tot-krag/
2021-10-26 16:13:08
Winsgewende skaapboerdery - Deel 1: Seleksie vir volhoubare en winsgewende skaapboerdery
This post is also available in: English Sommige mense hou ‘n skaap aan, en ander bóér met hom. ՚n Kern­vraag van skaapboere bly steeds: Wat doen top skaap­boere deurlo­pend goed? ՚ n Verskei­denheid faktore soos arbeid, doeltref­fendheid, produk­tiwiteit, omgewingsfaktore en skommelinge in die ekonomie moet deurentyd in ag geneem word wanneer noodsaaklike riglyne vir ’n hoogs winsgewende skaapboerdery oorweeg word. Dr Jasper Coetzee verwys in sy handleiding vir winsgewende skaap-boerdery daarna dat skaapkuddes oor ‘n inherente hoë genetiese reproduk­sie- en produksiepotensiaal beskik, maar in die meeste kuddes word dit nie ten volle ontsluit nie weens die gebruik van ondoeltreffende bestuur- en voed­ingspraktyke. Die boodskap uit navorsing en arbeidsbehoeftes is duidelik: Die hui­dige geheelbestuur van kuddes gaan deur presisieboerderypraktyke na die individuele bestuur van diere beweeg. “Om die winsgewendheid van ՚n skaapboerdery te verhoog, moet sekere kernfaktore in ag geneem word. Die genetiese potensiaal van ՚n kudde moet gemaksimaliseer word deur wetenskaplike seleksiemetodes vir ekonomiese belangrike kenmerke, soos meerlinggeboortes, groeitempo, voeromset­verhouding, wolproduksie en laer-veseldikte. Ongeag hoe goed die prestasie van ՚n kudde is, kan dit steeds deur seleksie verbeter word,” sê dr Coetzee. ՚n Fout wat skaap­boere dikwels maak, is om eerder vir mooier as doeltreffender diere te selekteer. Verkeerde selek­sie praktyke veroorsaak lae reproduksie en produksie. Om ‘n hoogs produktiewe skaap­kudde te verseker, moet geneties meerwaardige teeldiere (ideaal om slegs beproefde voortrefliker teelramme te gebruik wat geneties beter is as jou kudde) geselekteer word, terwyl onproduktiewe diere (byvoorbeeld dié wat nie lam of nie ‘n lam speen nie) summier en voort­durend uitgeskot moet word. ՚n Tafel kan nie staan of stabiel wees sonder al vier sy pote nie en so moet teling vir enige kudde benader word: met vier bene vir stabiele en vol­houbare sukses vir jou boerdery, jou kudde en jou kliënte. •Die eerste been is vrugbaarheid: ՚n ononderhandelbare doelwit waarvoor genadeloos geselekteer word. •Tweedens is funksionele en doeltreffende eienskappe soos loop-, vreet-, natuurlike paar- en lamvermoë baie belangrik. Dit help nie die ooi is vrugbaar, maar maak haar lam swak groot of kan haarself nie in ekstensiewe omstandighede handhaaf nie. Sy moet oor genoeg melk en goeie moederseienskappe beskik. •Die derde been waarop ՚n goeie kudde staan, is bouvorm en die verbetering daarvan, asook die handhawing van rasstandaarde. Bouvorm verhoog die vermoë om vleis te dra, terwyl dit funksie vervolmaak. Derhalwe is bouvorm die strewe na die “volmaakte” ras wat deur korrektiewe en progressiewe paring nagestreef word. •Vierdens is vleis die finale produk waarmee die land gevoed word en waarmee die skaapboer se voortbestaan verseker word. Hier speel bestuursinligting ՚n groot rol. Bestuursinligting soos die speen- en na-speenindekse is baie belangrik, want dit beteken daar kan geselekteer word vir groei-snelheid en meer vleis, wat weer meer inkomste beteken. Met korrekte bestuursinligting word die ooie met die beste reproduksieagtergrond en die beste groei-indekse geïdentifiseer en word daar dan uit hierdie groep ooie geselekteer om as vervangingsooie te gebruik. Dr Jasper waarsku egter om nie jou skape net vir net een eienskap te selekteer nie. Dit is immers van uiterse belang om te verseker dat al die ander eienskappe in balans is. Wat is die belangrikste praktyke wat die winsdrywers beïnvloed? Voeding Voeding bepaal meer as 70% van ‘n skaapkudde se reproduksie- en produksieprestasie. Gepaste voed­ing van skape is onontbeerlik om hoë produktiwiteit te bereik. Kry die voed­ing reg en al die ander dinge sal in plek val – die fokus moet op voeding vir wins wees. Bestuur Ongeveer 20% van ‘n skaapkudde se reproduksie- en produksieprestasie word deur bestuur bepaal. Teling en seleksie Ongeveer 10% van ‘n skaapkudde se reproduksie- en produksieprestasie word deur teling bepaal. Dit maak nie saak hoe goed die prestasie van ‘n kudde is nie, dit kan steeds deur seleksie verbeter word. Genetiese vor­dering in reproduksie- en produksie-eienskappe is permanent, toenemend en bykomend. Maak skaapboerdery meer doeltref­fend deur die boerdery se produkti­witeit te verhoog. Wins word hoof­saaklik op grond van doeltreffendheid behaal en nie soseer net op produkprys nie. Gebruik die nuutste en doeltref­fendste wetenskaplike boerderyprak­tyke en tegnologie om vooruit te boer. ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy handleiding vir winsgewende skaapboerdery beskikbaar gestel het aan die lesers van ProAgri. Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir winsgewende skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za
https://www.proagri.co.za/winsgewende-skaapboerdery-deel-1-seleksie-vir-volhoubare-en-winsgewende-skaapboerdery/
2021-10-03 15:09:07
Ju-Bissch-Ru: Waar alles begin het
This post is also available in: English Ruan het al van jongs af met beeste gespekuleer met die doel om geld bymekaar te maak om ‘n beeskudde te begin. “Vandag met die seën van die Here en harde werk, boer ons met 1100 kommersiële Simbra tipe koeie in die Stella omgewing,” sê Ruan. Hy gebruik net stoet Simmentaler, wit Brahman- en Charolais-bulle. Die doel van die boerdery is om swaar speenkalwers te produseer en om verse te teel om as vervangingsverse te gebruik in die kudde. Die drie tipe bulle het elkeen sy eie belangrike rol in die kudde, naamlik; genoegsame melk, kalwingsgemak, swaar speengewigte en gehardheid. Ruan het in 2000 gematrikuleer by Potchefstroom Gimnasium. Met die doel om in my pa se voetspore te volg, het hy ook besluit om te gaan regte studeer, net soos my pa. “My pa was ‘n prokureur en het deeltyds geboer met beeste in die Swartruggens-distrik.. Ek het laat in my matriekjaar my besluit verander a.g.v. die liefde wat by my gekweek is vir beesboerdery. Ek het toe besluit om na skool voltyds te begin boer,” sê Ruan. Sy pa het gesien hy is ernstig oor die boerdery en dat hy ‘n passie daarvoor het. “My pa het my toe baie gehelp met weiding op sy plase om my droom te bewaarheid. So het my kommersiële kudde ontstaan,” sê Ruan Hy het vir homself ‘n doelwit gestel om op die ouderdom van 30, 500 Simbra-tipe aanteelkoeie te hê. “Ek glo om vir jouself doelwitte te stel is baie belangrik. Om jou doelwitte te bereik verg harde werk en deursettingsvermoë. As jong boer betaal jy baie skoolgeld omdat jy nog nie soveel kennis en ondervinding het nie. Dit is my motto om by ander suksesvolle boere in my omgewing te gaan kers opsteek. Daar kom ook vreeslike droogtes, wat jou beplanning omver gooi. Jy moet weet as jy met beeste boer, boer jy ook met kos vir jou beeste. Daarom het ek besluit om kos bymekaar te maak vir die diere in droë tye.” Hy plant elke jaar sugargraze vir die maak van kuilvoer, wat dan baie help in die droë periodes. Daarmee saam plant hy ook jaarliks nutrifeed wat dan die druk baie afhaal van die aangeplante borseltjie en bloubuffel gras. “Dit stel my dan in staat om baie van my bloubuffel gras te baal,” sê hy. Hy het twee dekseisoene ingestel, sodat sy bulle kan rus en dat die kalwers in twee verskillende tye gespeen kan word. Na die bulle se rustydperk, word hulle getoets vir vrugbaarheid en skedewasse word ook gedoen. In Novembermaand spuit hy sy hele kudde spons milt en lamsiekte asook knop velsiekte. Die verse word ook almal drie keer RB51 gespuit voordat hulle gedek word. “So beperk ek siektes en mortaliteit in my kudde,” sê Ruan. Omdat hy speenkalwers produseer het die Charolais ras hom jaar-na-jaar beïndruk met hul swaar speengewigte. “Ons speen ons kalwers op die ouderdom van sewe maande op ‘n gemiddelde gewig van 280kg.” In 2016 het hy besluit om te diversifiseer en ‘n Charolais Stoet met ‘n spesifieke geen op die been te bring. Dit het gely tot Ju-Bissch-Ru se 1ste Produksie veiling in 2019. “Ons is dankbaar en geseënd om hierdie jaar op die 9de November ons 3de Ju-Bissch-Ru produksieveiling aan te bied te Stella NKLH Veilingskompleks. Die veiling word aangebied deur Noord-Kaap Lewendehawe en vir die 1ste keer gaan Meerkat Online Auctions ook ons veiling behartig. Ons bied met trots die volgende aan: 15 top veld aangepaste Charolais bulle & 120 top kwaliteit Simbra vroulike diere in alle produksie stadia,” noem Ruan laaste.
https://www.proagri.co.za/ju-bissch-ru-waar-alles-begin-het/
2021-10-11 15:36:12
TLU SA spreek onkunde oor OSV aan
This post is also available in: English TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie. Die OSV veldtog is TLU SA se poging om die groot mate van onkunde oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn, aan te spreek. Ofskoon die publiek nie meer aan die Portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur kommentaar kan lewer oor die Onteieningswet of aan die ad hoc komitee rakende Artikel 25 oor moontlike wysigings van die Grondwet nie, moet alle Suid-Afrikaners steeds oor die gevolge van die wysigings rakende Artikel 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding, bewus wees. “Inwoners van die land moet weet dat Onteiening Sonder Vergoeding nie net ’n probleem vir eienaars van landbougrond is nie. Dit is ’n probleem wat elke Suid-Afrikaner raak,” benadruk mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA. “Dit is ons plig om die misleidende retoriek oor OSV aan die kaak te stel, en seker te maak die waarheid is op die voorgrond. Deur die OSV veldtog te ondersteun onderneem lede van die publiek om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan op alle Suid-Afrikaners en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.” Van die punte wat vir bespreking gebruik kan word, sluit die volgende in: Bates word nie tot grond alleen beperk nie. Privaatbesitreg word in sy wese aangetas. OSV gaan negatiewe invloed hê op groei in die privaatsektor. Buitelandse beleggings, wat kardinaal vir ekonomiese groei is, gaan nog moeiliker bekombaar wees. Van die lande wat dié pad van onteiening sonder vergoeding gevolg het, sluit in Roemenië, Ethiopië, Venezuela, Zimbabwe, Portugal en Spanje. Laasgenoemde twee het egter intussen eiendomsreg herstel. Suid-Afrika se sosio-ekonomiese probleme is dringend en groot en as ons nie by ekonomiese groei uitkom nie, sal ons dit nie kan oplos nie. Belaglike inflasiekoers, waardelose geldeenheid en hoë werkloosheid is kenmerke wat die lande wat OSV gehou het, se ekonomie. Diegene wat betrokke wil raak, moet TLU SA se webtuiste besoek www.tlu.co.za en kliek op die OSV Veldtog skakel https://tluveldtogte.co.za/osv/ op dié blad is daar die nodige inligting oor die veldtog en hoe om betrokke te raak. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-spreek-onkunde-oor-osv-aan/
2021-10-28 16:18:20
Raak ontslae van peste en plae: Kristaltegnologie bied vernuwende oplossings aan boere
This post is also available in: English Promosie-artikel Agri Frequencies het spesiale toerusting ontwikkel om organismes se frekwensies te kopieer en dan in-fase te stuur vir groei, of uit-fase om dood te maak. Hierdie frekwensies word met spesiale kwantumsenders geprojekteer op enige teikengebied op aarde, wat ook met lugfoto’s aangedui word. Die proses kan baie akkuraat aangewend word deur slegs die gebied en die spesie te beheer, sonder om roofdiere en die res van die ekosisteem aan te tas. Van enige peste, plae, swamme en plantsiektes tot insekte, alge, voëls, rotte, jakkalse of selfs olifante kan só beheer word. “Ons nuwe, kragtige toerusting is meer doeltreffend as ooit en kan baie meer doen as vroeër,” sê Jan du Plessis van Agri Frequencies. “Ek het dertig jaar gelede begin met die kristalteg­nologie en dit het stadig ontwikkel tot waar ons vandag ՚n hele reeks vernu­wende produkte bied.” Die frekwensies kan plantegroei stimuleer om beter gehalte produkte te verkry en ook die nodige plantvoedingstowwe vir die plant gee. “Gedurende hoë temperature kan aartappels nie genoeg kalsium absorbeer nie, dan kry die aartappel ՚n bruin kol in die middel, maar met die frekwensies kan ons dit voorkom,” sê Jan. Met verbeterde toerusting en nuwe tegnieke kan swamme en klein insekte nou mikroskopies gefotografeer word vir beter beheer. Dit help produsente en verpakkers om hulle uitvoervrugte en -groente swamvry te hou. “Ek is ook baie opgewonde oor die nuwe reeks wat ons binnekort bekend gaan stel wat die waardeketting vat vanaf die saad tot by die huisvrou in die kombuis. Die saad word gestimu­leer en beskerm van die beginproses tot die einde, om die beste gehalte produkte te produseer. Ons nuwe produkreeks is ook in die proses om geregistreer te word ingevolge Wet 36 van 1983: Wet op Landbouplae,” verklaar Jan. Frekwensies is goedkoop en doeltreffend, ja selfs meer doeltreffend as chemiese middels. Die behandelings werk op enige plek in die wêreld en word selfs oorsee en in buurlande gebruik. Agri Frequencies se kliënte kan self meet dat hulle die frekwensies ontvang en alle dienste het ՚n geld terugwaarborg. Frekwensies het ’n wye reeks toe­passings en kan ook gebruik word om watergehalte te verbeter. “՚n Onlangse suksesstorie was van ՚n kliënt in die Kaap vir wie ons die bakterieë in die water verwyder het. Nadat die water weer laat toets is, was die bakterieë in die water beduidend minder en dit kan net aan die frekwensies toegeskryf word,” sê Jan. Jan Du Plessis van Agri Frequencies vertel meer van sy vernuwende produkte en dienste. Waarvoor dit alles gebruik word: Onbeperkte insek- en swambeheer. Vakansie-oorde, fabrieke, wyn­kelders en versappingsaanlegte gebruik Agri Frequencies se diens-te vir plaagbeheer. By graanopberging in silo’s kan insekte soos kalanders en graankewers beheer word. Beskerming van plante teen hitte en ryp; vrugteboere bespaar baie deur rypbeskerming. Verjaag of dood plaagdiere soos jakkalse, voëls en rotte. Waterstrukturering maak druppers en besproeingslyne skoon en bespaar tot 30% water. Groter droogtebestandheid vir plante deur waterstrukturering binne die plant, wat dan minder water benodig. Watergehalte, ook van brakwater, kan drasties verbeter word. Plant- en grondstimulering vir beter voedingstofopname. Verbeterde gehalte en raklewe van vrugte en groente. “Frekwensies is nie net kostedoeltref­fend nie, maar ook die mees verant­woordelike manier om baie akkuraat net die skadelike insekte te teiken, sonder om die bestuiwers en insekvreters te benadeel. Insekbeheer is in hierdie sta­dium ons mees gewilde produk. Die ge­bruik van die produkte is skoner, veiliger en meer doeltreffend as gif, en gebruik boonop baie minder krag,” sê Jan. Jan du Plessis van Agri Frequencies met sy insek- en plaagbeheerprodukte by sy stalletjie tydens KragDag. Vir meer inligting oor hoe die produkte en frekwensies werk, kontak Jan du Plessis by 082-429-4055 of info@agrifrequencies.com of besoek www.agrifrequencies.com.
https://www.proagri.co.za/raak-ontslae-van-peste-en-plae-kristaltegnologie-bied-vernuwende-oplossings-aan-boere/
2021-10-28 15:08:38
Wetsgehoorsame burgers in spervuur
This post is also available in: English Die Suid-Afrikaanse regstelsel – waarskynlik een van die laaste staatsinstelling wat nog ’n mate van vertroue inboesem – is nou besig om wetsgehoorsame burgers in die steek te laat. Die arrestasie van verskeie boere landwyd, nadat hulle probeer het om hulself teen wetsoortreders te beskerm, is onder TLU SA se aandag gebring. “Die regsproses is besig om die pad byster te raak, as wetsgehoorsame landsburgers nou in die spervuur is,” sê Mnr Henry Geldenhuys, TLU SA President. “Dit wil voorkom asof misdadigers nou gerat is, om onmiddellik ’n klag vir die rig van ’n wapen, rassisme, poging tot moord, aanranding, intimidasie of selfs moord teen die boer by die polisie sonder enige bewyse aanhandig te maak. In meeste gevalle word die boer gearresteer, en bevind die wetsgehoorsame burger hom in die beskuldigdebank. Des nie te meer, gebeur daar niks met die persoon wat eerste die wet oortree het.” Volgens Mnr Geldenhuys wil dit voorkom asof die regstelsel nou omgeswaai word, om die krimineel te beskerm en nie na die belange van die wetsgehoorsame burgers te kyk nie. “As jou plaas onwettig betree word, moet jy jouself kan beskerm! Maar nou moet jy skynbaar kies tussen om self geskiet te word of om tronk toe te gaan…” Meer as een so geval is die laaste tyd onder TLU SA se aandag gebring. Volgens Mnr Geldenhuys doen die staat alles in sy vermoë om borg ook nog teen te staan. “Die regstelsel se onafhanklikheid en geloofwaardigheid word ernstig onder verdenking geplaas. Waar ’n boer op sy eie grond opgetree het om sy belange te beskerm teen indringers, word hy nou die krimineel. Die aanklaers en SAPD is in die proses besig, om eintlik reeds tronkstraf uit te deel en ’n onskuldige party te vonnis, dit nog voor daar enigsins ’n verhoor was. Dit is tog algemene kennis dat ’n boer met ’n plaas, vaste eiendom het en gevolglik nie ’n vlugrisiko is nie. Ongeag die laasgenoemde, hanteer die staat en SAPD boere asof hulle geen vaste eiendom het nie. “Dit blyk of daar dubbele standaarde gehandhaaf word in die toepassing van die reg. Die omstandighede het sodanig versleg dat ’n wetsgehoorsame boer wat optree teen kriminele, homself baie vinnig in die beskuldigdebank bevind. Dit was immers nie die boer wat moeilikheid gaan soek het nie! Dit is die krimineel wat onregmatig op die boer se grond kom. Die polisie en regstelsel glo dan eensydig dié oortreder se klagtes. “ ’n Boer blyk skuldig te wees ongeag die omstandighede alvorens hy verhoor word. Geld die emosie van die gemeenskap nou baie meer in regspleging as wat billikheid en regverdigheid en die beginsel dat almal gelyk voor die reg is?” Mnr Geldenhuys sê verder die regstelsel is veronderstel om die misdaadelement vas te vat en behoort in ag geneem te word wie was die inisieerder van die situasie wat dan agterna van die boer ’n krimineel maak. “As die kriminele in die eerste plek nie die grond onregmatig betree het nie sou daar geen voorval gewees het nie. Die vraag wat vandag bestaan is, wat dan van die boere se regte om hul wettige eiendom te beskerm.” Geldenhuys het ook verwys na die regskostes wat vir die boer ’n ekstra en uiters onnodige uitgawe is. TLU SA gaan binnekort ’n skrywe rig aan die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste Mnr Ronald Lamola om die erns van die situasie onder sy dringende aandag te bring. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/wetsgehoorsame-burgers-in-spervuur/
2021-10-27 19:41:57
Wil jy ‘n Reinke Besproeiingstelselhandelaar word? Sluit dan aan by die beste besproeiingsnetwerk in die bedryf
This post is also available in: English Reinke brei hulle handelaarsnetwerk in uitgesoekte markte uit. Deur by die Reinke handelaarsnetwerk aan te sluit, word jy deel van die span wat voorloop in vernuwing van die landboubedryf. Ons soek handelaars wat daartoe verbind is om boere te help om meer doeltreffend te boer deur hulle met uitstekende kliëntediens by te staan. By Reinke is die handelaars die ruggraat van die besigheid en ons is trots daarop dat ons handelaars kies wat die bedryf goed ken, goeie sakesin en dryfkrag het om suksesvol in ‘n mededingende wêreld te wees. Ons is baie gretig om meer oor jou te leer en meer met jou oor Reinke te deel. Ons dink jy sal vind dat ons verhouding met ons handelaars ‘n ware vennootskap is, wat nie net uniek en uitnodigend is nie, maar ook standhoudend en lonend. Om te weet wat jy an bydra sal ons ook help met ‘n duidelike prentjie van hoe ons kan saamwerk om dit ‘n suksesvolle onderneming vir almal van ons te maak. Om ‘n gemagtigde handelaar van Reinke Besproeiingstelsels te word, is ‘n geleentheid om ‘n onderneming met ‘n onbeperkte potensiaal te bou. Ons is op soek na verspreiders in die volgende Afrika-lande: Suid-Afrika Tanzanië Mosambiek Malawi Angola Kenia Uganda Ghana Kongo Liberië Tunisië Libië Morocco Kameroen Voor ons die eerste tree saam neem, is daar basiese stappe waarvan ons jou bewus moet maak. Wanneer ons Reinke-gebiedsbestuurder jou kontak om jou toekoms saam met Reinke te bespreek, moet jy die Reinke-handelaarsaansoekvorm invul. Die gebiedsbestuurder vir jou gebied sal ‘n skriftelike verslag aan die aansoekvorm heg. Vul dit in om ons meer oor jou te vertel. Die gebiedsbestuurder gaan sommige onderwerpe in sy verslag dek: Wat is die aansoeker se sake-agtergrond ? Beskryf die plek van die onderneming. Beskryf die aansoeker se toerusting. Beskryf die primêre handelaarsgebied. Wat is die vermoëns van die dienspersoneel? Wat is die vermoëns van die verkoopspersoneel? Wat is die voorspelde verkope vir die eerste jaar? Watter verwante produklyne hanteer die handelaar? Wanneer jy ‘n Reinke handelaar word, is dit belangrik om te verstaan dat ons hier is vir jou en dat ons hier is vir die langtermyn. Ons nooi jou uit om die kontakinligtingsvorm in te vul. ‘n Reinke-verteenwoordiger sal jou kontak om die moontlikhede met jou te bespreek. Die Reinke gebiedsbestuurder vir jou gebied sal gedurende die aansoekproses saam met jou werk. Ons missie: Om ons kliënte se verwagtinge te oortref wanneer dit kom by gehalte, diens en vernuwing. Klink dit soos jy? Is jy reg om die volgende stap te neem? As jy belangstel om by die elite-groep van Reinke-handelaars aan te sluit, klik op die skakel hieronder, vul jou kontakbesonderhede in en ons sal met jou in verbinding tree. https://www.reinke.com/contact-us.html
https://www.proagri.co.za/wil-jy-n-reinke-besproeiingstelselhandelaar-word-sluit-dan-aan-by-die-beste-besproeiingsnetwerk-in-die-bedryf/
2021-10-06 11:17:30
Winsgewende skaapboerdery -Deel 2: Beplan en bestuur vir hoër winste
This post is also available in: English Veeboerdery is lankal nie meer ՚n kuns soos baie boere dink nie, maar ՚n hoogs tegnologiese en wetenskaplike sake-onderneming (Schiller, 2002). Om maksimum wins te genereer, het veeboere geen ander keuse nie as om die beste kundiges te gebruik om op hoogte te kom van die nuutste tegnologie, asook die mees winsgewende produksiestelsels en die optimum kombinasie tussen veesoorte (byvoorbeeld skape, beeste en bokke) vir spesifieke omstandighede. Om die hoogste produksie te behaal, is dit belangrik om die regte bestuurspraktyke toe te pas. Boere skram soms weg van die regte ding om te doen as gevolg van die koste, maar verloor dan omdat produksiedoeltreffendheid ingeboet word. Strategiese voeding op die korrekte tyd sal altyd kostedoeltreffend wees en die winsgewendheid van die Boerdery verbeter. Teikendoelwitte: Australiese leierboere gebruik sleutelwinsdrywers (key profit drivers) soos kilogram vleis of wol geproduseer per hektaar, asook die koste om 1 kg daarvan te produseer, om hulle veeboerdery meer winsgewend te maak. Skaapboere word sterk aangeraai om hulle kuddes se prestasie met die beste kuddes – die wat die hoogste wins genereer – te vergelyk. Volgens dr Buks Olivier (2000) is dit kortsigtig om onvoorwaardelik vir meerlinge te selekteer sonder om indiwiduele speenmassa in ag te neem, aangesien dit in minder gunstige omgewings tot swak oorlewing en lae speenmassa kan lei. Sy aanbeveling is dat die seleksiedoelwit moet wees om die totale massa lam gespeen per ooi gepaar per jaar te verhoog, omdat dit deur werpselgrootte, moedereienskappe, melkproduksie van die ooi en die groeipotensiaal van die lam bepaal word. Hierdie seleksiemaatstaf is egter nie prakties vir kommersiële boere wat nie van oueridentifikasie gebruik maak nie. As alternatief kan hulle die soog- en -droogtetegniek gebruik om produktiewe teelooie te selekteer wat minstens een lam suksesvol grootmaak. Strategiese byvoedingsprogram: Om ՚n pryspremie te verdien, moet die uiteindelike doelwit van veeboerdery wees om maksimum vleis en wol van hoogstaande gehalte teen die laagste moontlike koste vir ՚n spesifieke omgewing per hektaar te produseer. Daar is heelwat boere, veral in sekere gebiede, wat baie skepties is oor enige vorm van byvoeding. Hulle beskou dit eerstens as ՚n onnodige uitgawe en glo tweedens dat dit sal lei tot die teel van minder geharde en swakker aangepaste skape. Strategiese byvoeding is toelaatbaar, solank dit die boer help om meer geld te maak. In hierdie verband is dit baie belangrik dat die regte lekke op die regte tyd (byvoorbeeld prikkelvoeding laatdragtigheid en laktasie) gevoer word, want dit kan ՚n groot bydrae lewer om die winsgewendheid van veeboerdery te verbeter. Seleksie- en telingspraktyke Seleksie- en telingspraktyke moet enersyds daarop konsentreer om die produksie en reproduksie in die huidige, maar ook in die toekomstige, kudde te verhoog. Deel van hierdie strategie moet wees om onproduktiewe diere (die wat nie dragtig raak nie, asook die wat kalf of lam, maar nie nageslag speen nie) summier en voortdurend uit te skakel. Volgens Tino Herselman van Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, verkeer baie skaapboere onder die indruk dat skape met ՚n groot bouvorm ook die is wat die meeste geld genereer. Dit is egter nie noodwendig die geval nie, aangesien dit ՚n bewese feit is dat groter diere ՚n hoër voedingsbehoefte as kleiner diere het. Volgens dr Buks Olivier moet groter diere iets teruggee in die vorm van meer lammers,meer wol en vinniger markgereedheid om te vergoed vir die meer kos wat hulle vreet. Volgens hom behoort die doel eerder te wees om die mees doeltreffende diere, ongeag hulle grootte, te identifiseer en met hulle te boer. Die voorgenoemnde praktyke – weidingsbestuurstelsel, algemene bestuurspraktyke, byvoedingsprogramme, seleksie- en telingspraktyke, finansiële bestuur – moet nie in isolasie van mekaar beskou word nie, maar eerder as ՚n eenheid. Boere word versoek om die beste kundiges in die verband te raadpleeg om op hoogte te kom van die jongste tegnologie, asook die mees winsgewende produksiestelsels vir hulle besondere omstandighede. ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir winsgewende skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het. Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir winsgewende skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za
https://www.proagri.co.za/winsgewende-skaapboerdery-deel-2-beplan-en-bestuur-vir-hoer-winste/
2021-10-26 19:38:42
Saai neem plek op die wêreldverhoog in
This post is also available in: English Die familieboerenetwerk Saai het die groenlig gekry om by die Wêreld Landbou-organisasie die stem van kommersiële boere van Suid-Afrika te verteenwoordig. Die WLO bestaan uit 86 nasionale landbou-unies op ses kontinente en neem deel aan beraadslagings van die VN en sy agentskappe, die Wêreld Ekonomiese Forum en ander internasionale geleenthede. Saai sluit by die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) aan as die enigste Suid-Afrikaanse landbou-organisasies wat by die WLO verteenwoordig is. Die WLO se fokus is op agt beleidskomitees wat standpunte ontwikkel en wêreldwyd onder boere uitklaar om aan globale instansies te stel: oor handel, kooperasies, opleiding en jeug, vroue, klimaat en biodiversiteit, tegnologie en digitalisasie, veeteelt en dieregesondheid, en intellektuele eiendomsreg en planttelersregte. Die WLO het ook ’n wetenskaplike raad waarop twee Suid-Afrikaners dien: Prof. James Blignaut van die Universiteit van Stellenbosch en die ekonoom Dawie Roodt. Saai is ’n landboubelangenetwerk wat net op familieboere fokus. Dit is die wêreld se eerste “oop-ekonomie” landboustruktuur wat al sy aktiwiteite wat verder as beleidsbeïnvloeding gaan, in netwerkvennootskappe implementeer. So is Saai ingebind in aksiegerigte netwerkvennootskappe met eendersdenkende organisasies wat handel oor onder andere arbeidsaangeleenthede, landbou-ontwikkeling, veiligheid en burgerregte, opleiding en landboujeug. Saai het lank reeds goeie netwerkverhoudinge met landbou-unies elders in die wêreld soos die CFU in Zimbabwe, NAK in Hongarye en AKKOR in Rusland, en administreer ’n aantal beurse vir verdienstelike landboustudente aan buitelandse universiteite. Die voorsitter van Saai se direksie, Dr Theo de Jager, is sedert 2017 die president van die WLO maar verteenwoordig die Zimbabwese boere aldaar. Bron: Saai
https://www.proagri.co.za/saai-neem-plek-op-die-wereldverhoog-in/
2021-10-29 16:24:01
Waarom moet jy jou onderneming verseker?
This post is also available in: English Volgens Louan van Rooyen, aktuarishoof van Business OUTsurance, is die antwoord hierop nie so eenvoudig as wat ‘n mens dink nie. “Mense wat die konsep van versekering verstaan, sal nie net die meeste uit hulle versekeringspremies kry nie, maar sal ook beter begrip hê oor hoe om hulle kontantvloei te struktureer en hulle risikoprofiel te beskerm,” sê Louan. Hy verduidelik dat die hoofgedagte agter versekering is om die lewensonderhoud van jou onderneming te beskerm deur die wisselvalligheid van kontantvloei uit te skakel en die moontlike opeenhoping van eisbare gebeurtenisse beter te bestuur. Vervang ‘n enkele onbeplande uitgawe met ‘n klein maandelikse premie Versekering stel jou in staat om ‘n enkele, onbeplande uitgawe (byvoorbeeld die aankoop van ‘n nuwe trekker nadat die oue gesteel is) met ‘n reeks kleiner beplande uitgawes, soos jou maandelikse versekeringspremies, te vervang. Hy verduidelik dat versekering in teenstelling gesien kan word met ‘n maandelikse spaarplan. Versekering het een duidelike voordeel bo ‘n spaarplan deurdat, sou daar in die eerste maand iets onvoorsiens gebeur, daar genoeg geld beskikbaar is om die skadevergoeding te dek – wat nie noodwendig die geval is met ‘n spaarrekening nie. Dit is ook belangrik om te begroot vir ‘n bybetaling, sodat, as iets onvoorsiens gebeur, jy genoeg geld het om die koste te dek. Sommige mense kies ‘n laer bybetaling omdat hulle ‘n klein verlies wil eis. Ongelukkig het kleiner eise ‘n negatiewe impak op jou risikoprofiel – nie net met jou huidige versekeraar nie, maar ook ander versekeraars wat hulle eisgeskiedenis sal hersien wanneer hulle die maandelikse premie bereken. By OUTsurance word jou versekeringspremie volgens jou unieke risikoprofiel bereken. Toegang tot die nodige fondse om jou onderneming in bedryf te hou Jou onderneming kan moontlik die verlies van die trekker opneem, wat versekering onnodig sou maak. Maar wat as ‘n brand op jou plaas ontstaan ​​en al die geboue en toerusting in een voorval vernietig? Dit is hoogs onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie. Die kans is gering dat ‘n onderneming toegang sal hê tot die nodige reserwes om na ‘n voorval soos hierdie te herstel. Die goeie nuus is dat jou versekeraar oor die nodige fondse beskik om te help. Hoe kan OUTsurance jóú onderneming help? OUTsurance bied volledig aangepaste versekeringsoplossings, met dekkingopsies vir alles van jou plaasvoertuie tot jou vee. Die beste van alles is dat jy persoonlike diens kan geniet – ‘n toegewyde OUTsurance-makelaar kan jou op jou plaas besoek om jou te help met advies, spesifiek vir jou landbouversekeringsbehoeftes. Hierdie OUTsurance-makelaar sal dan ook in die toekoms as jou enigste kontakpersoon dien. As OUTsurance sê dat jy ‘altyd iets uitkry’, bedoel hulle dit werklik. OUTsurance is nie net toegewyd daartoe om uitstekende diens te verskaf as jy eis nie; hulle is daartoe verbind om te verseker dat elke indiwidu diens van wêreldgehalte ontvang, elke keer wat jy met hulle werk. Selfs as jy nie hoef te eis nie, kan jy steeds iets in die vorm van ‘n kontant OUTbonus kry. Mnr van Rooyen sê dat hulle beplan om binnekort ‘n nuwe en verbeterde Business OUTbonus bekend te stel, maar tot dan kan ondernemings na drie eisvrye jare uitsien om 10% van hulle premies terug te kry in ‘n kontant OUTbonus. Beskerm jou plaas en byna alles daarop met OUTsurance. Kry onmiddellik ‘n sakeversekeringskwotasie, waarna jy ‘n ontmoeting met een van OUTsurance se toegewyde makelaars kan aanvra. “Ek sien daagliks hoe versekering finansiële verligting vir ondernemings bring,” sê aktuarishoof van Business OUTsurance. “Mense is geneig om te dink dat ‘dit’ nooit met hulle sal gebeur nie. Die werklikheid is dat ‘dit’ enige tyd en met enigiemand kan gebeur.” OUTsurance is ‘n gelisensieerde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Die OUTbonus is ‘n standaard-produkeienskap, slegs betaalbaar na drie eisvrye jare en premie-afhanklik. Bepalings, voorwaardes en standaardtariewe geld.
https://www.proagri.co.za/waarom-moet-jy-jou-onderneming-verseker/
2021-10-07 08:45:33
Nuwe sakeplan kan Nieuwoudtville Rooibos laat herleef
This post is also available in: English Nieuwoudtville Rooibos staan op die rand om deur ’n nuwe sakeplan private beleggers betrokke te kry om te verseker dat sy skuld gedelg en die sakereddingsproses beëindig kan word. Dít is goeie nuus vir die gemeenskap van die Hantam munisipale gebied vanwaar die rooibosteeverwerkings- en verpakkingsaanleg waarin die Noord-Kaapse Provinsiale Regering die enigste aandeelhouer is, die afgelope paar jaar bedryf word. Die maatskappy is in sakeredding geplaas nadat plaaslike rooibosprodusente nie vir lewering van tee aan die aanleg betaal kon word nie. Intussen is ‘n groot hoeveelheid werk deur verskillende betrokkenes, ingesluit die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, gedoen om die besigheid weer volhoubaar te maak. Volgens Herman Bester, sakereddingspraktisyn, het die sakereddingsproses nou ‘n goeie kans om binnekort beëindig te word. Vier verskillende private beleggers stel daarin belang om in die besigheid te belê as deel van ‘n nuwe sakeplan wat vir die onderneming ontwikkel is. “Gesprekke is in volgende week met verteenwoordigers van die provinsiale regering belê om die beginsels van ‘n potensiële transaksie te bespreek. Die provinsiale regering is as eienaar die inisieerder van die belangrike projek wat met die regte intensie aangepak is om werkskepping, transformasie en opheffing te verseker. Dit is realistiese doelwitte wat steeds bereik kan word met die nuwe sakeplan wat nou in samewerking met die provinsiale regering verder verfyn kan word. “Die intensie van die reddingsaksie was van die begin om die regering te ondersteun om ‘n suksesvolle omdraai van die besigheid te bewerkstellig, ten goede van alle betrokkenes deur bereiking van die doelwitte wat die regering vir homself hierdeur gestel het,” sê Bester. Volgens die plan, wat volgende week ook met ander geaffekteerde partye bespreek sal word, kan die private beleggers die maatskappy herkapitaliseer, juis in ’n tyd dat verkope van verpakte tee die laaste ses maande gerealiseer het met ooreenkomste in die kleinhandel as deel van plaaslike en internasionale markontwikkelingswerk vir Nieuwoudtville Rooibostee se Bokkeveld verbruikershandelsmerk en bulkverkope vir die maatskappy. Volgens Malcolm Baard, waarnemende hoofbestuurder, is daar ’n opgewondenheid op die dorp oor die plan, veral nou dat verkope aan die toeneem is. “Die maatskappy is reeds die grootste enkele werkverskaffer op die dorp omdat amper 40 mense permanent in diens is. Met die moontlikheid dat ’n verdere 60 mense, wat nou tydelike werk het, permanent in diens geneem kan word, skep dit ’n atmosfeer van hoop. Dat die departement en die sakereddingspraktisyn saamwerk om die nuwe plan te laat werk, word deur al die betrokkenes as baie bemoedigend beskou, het Baard gesê. UITGEREIK NAMENS: Nieuwoudtville Rooibos Pty Ltd – Bokkeveld Rooibos UITGEREIK DEUR: Herman Bester
https://www.proagri.co.za/nuwe-sakeplan-kan-nieuwoudtville-rooibos-laat-herleef/
2021-10-27 20:45:14
Nuwe tegnologie bewerkstellig ’n beter ewewig tussen oeste
This post is also available in: English Sal groter oeste, opbrengste oor tyd verseker Daar is ʼn nuwe tegnologie wat ’n groot opskudding onder uitvoer-vrugteprodusente veroorsaak. Dié baanbreker-innovasie monitor die koolhidraatstatus van ʼn vrugteboom, wat, indien nodig, tydige korrektiewe optrede moontlik maak om ʼn optimale oes te verseker. Dié tegnologie – ontwikkel deur die vooraanstaande globale landboumaatskappy Agri Technovation en wat as ITEST™ CARBOHYDRATES bemark word – is veral doeltreffend om alternerende drag aan te spreek wat ʼn groter ewewig tussen jaarlikse oeste help bewerkstellig. Dit gee aanleiding tot verhoogde opbrengste oor tyd, en werk “af-jare” teen. Alternerende drag (ook bekend as tweejaarlikse of ongelyke drag) – die tendens wat voorkom onder bome wat die een jaar ’n swaar opbrengs (“aan-opbrengs”) lewer, gevolg deur ʼn ligte of geen opbrengs (“af-opbrengs”) die volgende jaar – is ʼn algemene probleem by die kweek van baie soorte vrugte en neute, en sommige, soos avokado’s, wat groot verbruikers van koolhidrate is, word meer daardeur geraak. Volgens Erik de Vries, Agri Technovation se mede-uitvoerende hoof, is die sukses van die nuwe hulpmiddel reeds in die sitrusbedryf bewys. Dít is onlangs na die avokadobedryf uitgebrei en sal binnekort vir appels, makadamias, amandels, pekanneute, wingerd en mango’s uitgerol word. Soveel as 20 verskillende gewasse gebruik moontlik binnekort die ontledingsprogram “Ons kyk na bykans 20 verskillende gewasse en het reeds goeie vordering met ongeveer 14 gemaak. Dié tegnologie is die afgelope twee jaar suksesvol in die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf geïmplementeer en die ontledingsprogram is reeds tot op kultivarvlak ontwikkel. Die sitrusprogram word ook verfyn om gebiedspesifiek te wees, wat verskillende klimate in ag neem.” Lande wat reeds aan boord gekom het deur sitrus- en avokadomonsters na Agri Technovation se analitiese fasiliteit in Wellington te stuur, sluit in Amerika, Australië, Nieu-Seeland, Argentinië, Peru, Marokko, Zambië en Zimbabwe. Mexiko, Chili en Spanje toon ook belangstelling en die beplanning vir die ontvangs van hul monsters het reeds begin. Vir die ontwikkeling van nuwe gewasse word daar eers verskeie monsters vir elke groeigebied ontleed, waarna norme ontwikkel en ordentlik getoets word voordat dit kommersieel uitgerol word, eers op gewasvlak en uiteindelik op kultivarvlak. ITEST™ CARBOHYDRATES maak tydige toepassing van bestuurspraktyke moontlik In ʼn neutedop: Die ITEST™ CARBOHYDRATES ontledingsprogram maak dit moontlik om suiker- en styselkonsentrasies in blare en wortels tydens kritieke fenologiese stadiums gedurende die seisoen te monitor. Dit behels die roetine-analise van boomwortels en -blare, wat dan vergelyk word met ʼn norm vir suiker, stysel en die totale koolhidraatvlakke vir die verskillende fenologiese stadiums van die plant. Enige afwyking van die norm maak voorsiening vir die tydige ontwikkeling van bestuurspraktyke, soos snoei, boordmanipulasie en voedingsprogramme, wat produsente uiteindelik sal help om optimale plantgroei en goeie jaarlikse produksie te verseker. Koolhidrate speel ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van blomme, die groei van boomorgane (soos wortels en vegetatiewe lote), die voltooiing van vrugset en verhoogde vruggroei. Dit is belangrik vir eenjarige en meerjarige plante soos sitrus, avokado’s, neute en sagte vrugte, insluitende appels, pere, druiwe, kersies, nektariens, appelkose, perskes en pruime. Meer konstante vloei van produkte na verbruikersmark; verminder risiko vir boere “Ek is daarvan oortuig dat dit ʼn revolusionêre deurbraak vir die landbou is. In effek laat die energiestatus-inligting wat uit die ontledingsprogram verkry word ons toe om ʼn prentjie te skets van wat in die volgende maand of twee in die plant of boom gaan gebeur. Dít stel ons weer in staat om, indien nodig, proaktief op te tree in die toepassing van korrektiewe bestuurspraktyke. Die eindresultaat is ʼn meer konstante voorsiening van produkte aan die mark, wat nie net voordelig vir die verbruiker is nie, maar ook die risiko’s vir veral produsente sal verminder. Dít kan tot verhoogde inkomstestrome en stewiger balansstate vir boere aanleiding gee.” Volgens Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur by Laeveld Agrochem (ʼn vennoot van Agri Technovation), is die ontledingsprogram suksesvol in die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf – die tweede grootste uitvoerder ter wêreld – bekendgestel met alle verwagtinge wat oortref is. Deurbraak vir die landboubedryf “Meeste sitrusboere wil aan boord kom, want dit is een van die min, indien nie die enigste, metodes waarmee tydige aanpassings gemaak kan word wat ʼn beduidende impak op opbrengs kan hê. Die metodologie wat deur ITEST™ CARBOHYDRATES gebruik word, is die eerste in die wêreld en is reeds gesog in lande soos Amerika, Spanje en Australië,” sê Liebenberg. “Dit is ʼn deurbraak vir die landboubedryf. Tot dusver was daar nie rêrig ʼn manier om die probleem van aan- en af-seisoene te takel nie. Tot op hede is daar grootliks reaktief op gebeure gereageer. Maar nóú laat Agri Technovation se nuwe intellektuele eiendom vrugteprodusente toe om in die toekoms in te kyk na hoe hul vrugte- en neutbome sal produseer en dan proaktief op te tree om ʼn produktiewe oes in die volgende seisoen te verseker. Die eindresultaat is groter en winsgewender oeste, en verhoogde buitelandse inkomste uit uitvoere. Dit lei natuurlik ook tot meer werkgeleenthede vir die land,” sluit Liebenberg af. Bron: Laeveld Agrochem
https://www.proagri.co.za/nuwe-tegnologie-bewerkstellig-n-beter-ewewig-tussen-oeste/
2021-10-01 13:48:45
Laai in 'n japtrap die baalvoerder
This post is also available in: English Die maatskappy Steel Tupe & Pipe Profiles vervaardig hekke en hokke doelgemaak vir die landboubedryf. Van die hekke sluit in skuif-, wilds-, bees-, en skaapplaashekke. Hy maak ook ringe en voerders vir skape, bokke en beeste asook panele vir skaap -, bees- en bokkrale. Lamhokpanele van verskillende groottes, met of sonder hekke, is ook op die produklys. Die selflaaierring vir beeste en perde is ontwerp vir maklike hantering. Net een mens is nodig om ‘n ronde baal in die ring te laai. Die selflaaier word gemaak van ronde staalbul se (32 mm x 2 mm) en kan in groen of rooi bestel word. Dit is beskikbaar met of sonder ‘n dak. Produkte word tans slegs versprei na dele van Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga. Prys: R3 600 (met dak), R3 000 (sonder ‘n dak) Navrae: E-pos sales@steeltubeprofiles.co.za, web: steeltubeprofiles.co.za, 072-879-4871, 084-608-4239
https://www.proagri.co.za/laai-in-n-japtrap-die-baalvoerder/
2021-10-18 15:11:53
InteliGro stel die standaard vir gewasadviseurs
This post is also available in: English Die vereistes vir landbousukses word by die dag meer en sonder die beste moontlike ondersteuning, sal produsente nie kan bybly nie. ‘n Nuwe ontwikkelingsprogam vir gewasadviseurs is daarom goeie nuus. ‘n Onlangse analise deur Futuregrowth Asset Management het landbou in Suid-Afrika beskryf as onderhewig aan drie beduidende uitdagings, naamlik onbestendigheid, kompleksiteit, en intense monitering. Onbestendigheid sluit in klimaatsverandering en onvoorspelbare weerstoestande, plaaslike en globale politiek en verskuiwings in verbruikers se voorkeure. Kompleksiteit verwys na die vele verskillende gewasse en voedseltipes, elk met sy eie unieke en gefragmenteerde verskaffingkettings, asook die veranderlikes wat die produksie van individuele gewasse beïnvloed. Intense monitering beklemtoon die druk waaronder spelers in die landbou- en voedselwaardeketting verkeer om die naspeurbaarheid van die kos wat ons eet, te verbeter, asook die sosiale en omgewingsimpakte van voedselproduksie. Mens kan dus tereg sê dat produsente in Suid-Afrika hul hande vol het nog voordat hulle ‘n sooi geploeg het om voedsel te begin produseer. Kundige en holistiese gewasadvies is dus ‘n inset waarsonder produsente nie kan klaarkom nie. InteliGro se Gesertifiseerde Gewas Adviseurprogram (Certified Crop Advisor (CCA) programme) is ontwikkel om in hierdie behoefte te voorsien. “Ons gewasadviseurs is wel bekend in die bedryf danksy ons onwrikbare fokus op uitstekende tegniese opleiding en ondersteuning,” sê Ernest Myburgh, Streeksdirekteur (Suid) van InteliGro. “In die lig van grootskaalse verskuiwings in die landbou-chemiese mark, in kombinasie met die onbestendigheid, kompleksiteit en intense monitering wat die landbousektor kenmerk, het dit duidelik geword dat toegang tot produkte en tegniese kennis nie meer genoeg is nie. Produsente het meer nodig om sukses te behaal, en daarom het ons die CCA-program ontwikkel.” Hierdie toekomsgerigte program bepaal eerstens gewas adviseurs se bestaande kennis- en kundigheidsvlakke. Op grond van die uitslae word ‘n opleiding- en ontwikkelingskursus vir elke persoon ontwerp ten einde gewasadviseurs wat ‘n bydrae tot verskillende aspekte van ons kliënte se besighede sal kan maak, die veld in te stuur. Die program behels: Gereelde tegniese- en besigheidevaluasies Formele tegniese- en besigheidopleidingskursusse Persoonlikheid- en werkstylevaluasies Sagte-vaardighede opleiding Persoonlike ontwikkelingskursusse Verseker dat alle gewasadviseurs aan bedryfstandaarde en -vereistes voldoen Duidelike loopbaanfases met vereistes vir elke fase Volhoubaarheid- en maatstafanalises Die CCA-kursusse word deurlopend ontwikkel deur kenners in elke gebied. Die kursusse is gebaseer op die nuutste navorsingsresultate sowel as die kennis en praktiese ondervinding van die skrywers. Klem word daarop gelê dat elke kursus prakties en toepaslik van aard moet wees, en onderwerpe dek wat nie aandag kry in normale gewas- en tegniese-opleidingsgeleenthede nie. “Daar is by ons geen twyfel dat ons CCA’s veel meer as gewasadviseurs sal wees nie,” sê Gideon Heffer, InteliGro Besturende Direkteur. “Hulle sal in betroubare besigheidsadviseurs ontwikkel, in staat om op verskeie vlakke van hul kliënte se besighede insette te kan lewer. Hul bydrae sal ’n daadwerklike verskil op die plaas maak en sal produsente verder toerus om kompleksiteit beter te hanteer.” Die eerste groep CCA’s behoort hul sertifisering aan die einde van November te ontvang, en die doel is dat al InteliGro se gewasadviseurs uiteindelik CCA-status sal bereik en behou. “Die program gaan beduidende voordele vir alle betrokkenes inhou,” sê Myburgh. “Produsente kry professionele, kundige advies; die adviseurs kry professionele en persoonlike groei van onskatbare waarde; en InteliGro se reputasie word gebou op advies en dienste wat geen gelyke in die bedryf het nie.” Die baat wat landbou en al sy belanghebbendes vind, is egter die belangrikste. Wanneer produsente die beste beskikbare ondersteuning kry, word volhoubaarheid en voedselsekerheid haalbare doelwitte, ongeag onbestendigheid, kompleksiteit en intense monitering. Want alles begin op die plaas. Bron: InteliGro
https://www.proagri.co.za/inteligro-stel-die-standaard-vir-gewasadviseurs/
2021-10-29 16:03:58
De toan fan Jan de Groot: "Kassettebandsy"
Fleden week gongen d'r heel feul mînsen spesjaal na de haven fan Harlingen omdat se de walrus sien wouwen die't gewoan 'n dachy in Harlingen waar om te bekommen. Maar sil'k jim 's wat fertelle? Ik wil 't niet over die walrus hewwe. Welni. Maar 't is al 'n mooi bruchetsy naar 't onderwerp fan deuze week. Want 't waar ommers John Lennon, doe nag Beatle, die't 't nummer 'I'am the walrus' skreef en song. En die John Lennon waar fleden week in 't nijs sonder dat-y der sels wat an kon doen. Kon ok niet, want hij is hest al 41 jaar doad. 't Gong d'rom dat d'r 'n kassettebândsy, met derop 'n geluudsopname fan John Lennon, op 'n failing in Kopenhagen 50.000 euro opleverd het. Herhaal: 50.000! Op 't bândsy staat 'n intervjoe met Lennon, is te horen hoe't-y gitaar speult en de nummers Give Peace a Chance en Radio Peace singt. De opname duurt 'n half uur en is in 1970 maakt deur fier sestynjarige Deense tieners foor de skoalkrant. Ongelooflik Dat soks 50.000 euro opleverd. Ik kin der niet bij. Dat je soafeul sinten over hewwe om dut an te skaffen. Dan motte je ècht met je sinten ferlegen weze, souwen je sêge. Begryp my niet ferkeerd, 't gaat mij niet om John Lennon, want soks gebeurt wel faker met dooie popartysten, maar at je dochs swimme in 't geld, geef 't dan an de mînsen die't d'r just heel feul ferlet fan hewwe. Want wat die rike mînsen nou doen, is sinten útgeve om 'e nocht. En 't achterbakse is ok nag dat se hest nooit hur naam priisgeve, maar dat se op 'e failing anonym blive wille. Om misferstannen te foorkommen: ik bin 'n ongelooflik popmezykliefhewwer en fooral fan mezyk út 'e jaren sestig ant begin jaren tachtig, maar ik kin d'r gewoan niet bij dat men soafeul sinten útgeeft foor wat 'n beroemdhyd ooit deen het. In dut gefal fast 'n slop bakfisintervjoe en wat getokkel op 'n gitaar. Maar ja, 't is John Lennon, h'n, en dan levert 't inenen 50.000 euro op. Reken d'r maar op dat 'n plok haar fan him of hokker dooie artyst dan ok dúzzenden euro's oplevere sil. Ik wil 't nag 'n keer sêge: de anonimen, riken in dut gefal, kinne beter hur sinten bestede an aarme mînsen of goeie doelen. Ik kin hur soa 'n paar goeie doelen op 'n briefy geve. Dat briefy sil nou nag niks werig weze, maar at ik aansen wereldberoemd op 't Bildt bin en doad, want dat is 'n foorwaarde, dan . dan is't ok nag niks werig. Gyn gek sou d'r wat foor geve. Dat sou ik sels ok niet doen Ik sou gek weze. Ant nije week."
https://www.omropfryslan.nl/nijs/1097473-de-toan-fan-jan-de-groot-kassettebandsy
2021-10-05 09:25:01
Eskom: Konstitusionele Hof bevestig die argumente van Sakeliga
‘n Nuwe regspresendent oor eletrisiteitsvoorsiening op munisipale vlak is vandeesmaand geskep toe die Konstitusionele Hof Eskom se aansoek om verlof tot appèl teen die Resilient- en Sabie-uitsprake* geweier het. Die uitsprake, wat in 2020 deur die Hoogste Hof van Appèl (HHA), gelewer is en nou in 2021 bekragtig is, is grensverskuiwend in die stryd teen munisipale en staatsverval. Eerstens bied dit elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak, omdat dit verhoed dat Eskom eindgebruikers se krag afsny as ‘n taktiek om munisipale skuld te verhaal. Tweedens verminder dit die impak van staatsverval, omdat die uitspraak alle staatsinstellings – en nie net Eskom en munisipaliteite nie – verplig om interregeringsgeskilbeslegting te volg eerder as om betalende private, derdepartye te benadeel. Die regspresedent berus op argumente wat Sakeliga oor meer as twee jaar as amicus curiae (vriend van die hof) ontwikkel het en wat die Hooggeregshof in Pretoria as “nuut” en “deurslaggewend” beskryf het. Die vernaamste van die argumente sluit in bepalings oor interregeringsgeskilbeslegting; die noodsaak van rasionele skuldinvorderingsmetodes; en die status van ondernemings en die publiek as die werklike eindgebruikers van elektrisiteit, eerder as, soos Eskom aangevoer het, munisipaliteite. Die oorsprong van die Resilient-saak strek etlike jare terug. Destyds het eindgebruikers in dosyne munisipaliteite grootmaat onderbrekings van elektrisiteit, of dreigemente daarvan, deur Eskom beleef. Dit was toe ‘n algemene gebruik dat Eskom betalende eindgebruikers as ‘n hefboom gebruik om vereffening deur wanbetalende munisipaliteite af te dwing. Eskom sou elektrisiteit van sowel betalende as nie-betalende eindgebruikers in ‘n dorp weerhou en eis dat ‘n gewoonlik bankrot en verkwistende munisipaliteit sy skuld moet vereffen of reëlings daarvoor moet tref. Die gevolg was ernstige belemmering van plaaslike nywerhede, wat aanleiding gegee het tot bose kringlope van plaaslike ekonomiese ineenstorting en verdere onvermoë van munisipaliteite om Eskom te betaal. Die wydverspreide aard van Eskom se elektrisiteitsonderbrekingstaktiek het sowel onmiddellike as blywende ingrypings vereis. Om die onmiddellike druk te verlig, het Sakeliga met die bystand van plaaslike ondernemings dringende interdikaansoeke teen Eskom en munisipaliteite, in dorpe soos Musina, gebring. Ook ander organisasies het hierdie weg gevolg, insluitende in die Resilient-saak. Dit was in ‘n stadium algemene praktyk vir besighede, sakekamers, organisasies in die burgerlike samelewing, belastingbetalersvereningings en andere om interdik na interdik teen Eskom en munisipaliteite aan te vra. Hoewel interdikte, en later soms selfs net die dreigement van interdikaansoeke, genoeg was om die ligte in baie dorpe aan te hou, was dit natuurlik nie ‘n permanente oplossing nie. Eskom het nie die nodige betalings ontvang nie, verspreidingsnetwerke is nie onderhou nie, ensovoorts. Boonop was dit uiters duur vir sakekamers en andere om die probleem met saak-vir-saak-litigasie te hanteer. Met die oog op ‘n meer blywende oplossing, het Sakeliga gevolglik aansoek gedoen om as amicus curiae by die Resilient-saak aan te sluit. Die Resilient-saak, wat later saam met die soortgelyke Sabie-saak aangehoor is, is gekies omdat dit toe die mees gevorderde en relevante geskil, tussen eindgebruikers aan die een kant en twistende staatsinstellings soos Eskom en munisipaliteite aan die ander kant, was. Vir Sakeliga se regspan was dit die ideale geleentheid om ‘n presedent, wat in soortgelyke gevalle gevolg sou kon word, te skep. En sowaar, kort voor lank is verskeie hofsake uitgestel in afwagting van uitspraak in die Resilient-saak. Lees meer.
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/21/eskom-konstitusionele-hof-bevestig-die-argumente-van-sakeliga/
2021-10-21 08:30:22
Fase 4 beurtkrag onmiddellik van krag
Eskom het aangekondig dat Fase 4 beurtkrag sedert 12:00 vandag, Woensdag 27 Oktober 2021, geïmplementeer is. Hierdie fase sal geldig wees tot 05:00 Vrydag 29 Oktober. Daarna sal fase 2 beurtkrag tot Saterdag om 05:00 van toepassing wees. Eskom sê dat dit veroorsaak is deur verdere verlies van opwekkingsvermoë. Gedurende die voorafgaande 24 uur het een opwekkingseenheid by elk van Medupi, Kusile en Mata kragstasies uitgeskop terwyl eenhede by Lethabo en Arnot gedwonge afgeskakel moes word. Dit volg nadat Eskom die fase-2 beurtkrag wat sedert die naweek van krag was verleng het tot Saterdagoggend 29 Oktober om 05:00, glo weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë. In hul vooruitskatting vir die volgende 18 maande het Eskom Maandag reeds daarvan melding gemaak dat beurtkrag vir grootskaalse kragonderbrekings in Suid-Afrika in die afsienbare toekoms verantwoordelik gaan wees. In ’n mediaverklaring wat Dinsdagoggend 26 Oktober vrygestel is sê Eskom dat alhoewel hy daarin geslaag het om ’n opwekkingseenheid by Kusile, Matimba en Arnot kragstasies onderskeidelik weer aanlyn te kry, plaas verdere vertragings om ander opwekkingseenhede te diens druk op die stelsel en die vermoë om die noodvoorraad krag te voorsien. Noodkragopwekkers behels die gebruik van dieselaangedrewe kragopwekkers en is ’n baie duur manier om krag vir die netwerk op te wek. Daar word verwag om ten minste vyf eenhede gedurende die week, asook ’n eenheid by Koeberg teen die naweek weer aanlyn te kry. Die eenheid by Koeberg het Sondagoggend uitgeskop weens ’n fout op die pomp wat water aan die kragsentrale voorsien. Die verklaring het voorts gelui dat daar heelparty eenhede wat riskant is in die sin dat dit onklaar kan raak en nie nou aandag kan geniet weens die druk op opwekkingsvermoë nie. Die totale verlies aan opwekking beloop 13,333MW terwyl die beplande onderhoud 5,548MW hiervan behels. In ’n onderhoud met een van die radiostasies het die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, gewaarsku dat die verwagte vlaag van kragonderbrekings die slegte situasie verder gaan vererger. Die verwagte kragonderbrekings gaan hierdie week inwoners en besighede hard slaan het hy gesê. Hierdie beurtkrag kom in ’n stadium waar die land nog besig is om te herstel van erge ekonomiese verwoesting, veral deur die impak van die regering se Covid-19 inperking beperkings asook die Julie onluste. Almal besef dat die Suid-Afrikaanse ekonomie deur ’n moeilike tyd gaan om verskeie tegniese redes. Staan jy bietjie terug en beskou die groter prentjie besef jy dat die ekonomie reeds vir jare onder uitermate hoë druk verkeer. “Hierdie beurtkrag kom op ’n baie verkeerde tyd, ’n tyd waarop die Suid-Afrikaanse ekonomie baie kwesbaar is en gaan vir ’n geruime tyd verdere afwaartse druk op ekonomies groei plaas,” het hy toegevoeg. Roodt het daarop gewys dat die mynsektor beter sou gevaar het indien dit nie vir al die kragonderbrekings was nie. Die nywerheidindustrie word egter voortdurend geteister deur gereelde en onvoorsiene kragonderbrekings. “Met hoë kommoditeitpryse verwag mens dat dit die nodige vuur verskaf om nog ’n silinder aan te dryf vir die mynindustrie, wat ongelukkig nie gaan gebeur nie. Intussen het president Ramaphosa oor die naweek in een van sy verkiesingstoesprake aan ANC ondersteuners in die Oos-Kaap genoem dat die ANC die enigste party is wat al die probleme by Eskom kan uitsorteer. Read More Also Read
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/27/fase-4-beurtkrag-onmiddellik-van-krag/
2021-10-27 16:20:01
DA loods petisie om Afrikaans as inheemse taal te erken
Die Demokratiese Alliansie (DA) het ’n petisie van stapel gestuur vir die regering om Afrikaans amptelik as ’n inheemse taal te erken. Die petisie is gerig op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, in reaksie op sy klassifisering van Afrikaans as “uitheems” in sy departement se Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings. Die petisie eis dat Nzimande dadelik die definisie van inheemse tale aanpas om Afrikaans in te sluit, dat hy die Afrikaanssprekende gemeenskap in die openbaar en onvoorwaardelik om verskoning vra vir sy optrede, en dat hy openbare universiteite versoek om hul taalbeleide aan te pas om ruimte te skep vir Afrikaans se status as inheemse taal. Nzimande volhard met die haatlike, kwetsende en onwetenskaplike klassifisering van Afrikaans as “uitheems” ten spyte van die Grondwethof se eenparige uitspraak in die onlangse Unisa-hofsaak, waartydens regter Steven Majiedt uitdruklik daarop gewys het dat die begrip “inheemse tale” ook Afrikaans insluit. Majiedt en die volbank regters het verder daarteen gewaarsku dat “die wanopvatting van Afrikaans as ‘die witmense se taal’ en ‘die taal van die onderdrukker’…’n skreiende wanvoorstelling van die taal en die ware oorsprong daarvan [is]. Dit verg herhaling dat Afrikaans tans oorheersend die taal van swartmense is. En dit word gebesig deur swartmense, nie net in sogenaamde “bruin” woonbuurte nie, maar ook in baie swart woonbuurte in verskeie streke van ons land. Volgens Dr Leon Schreiber LP – DA Kiesafdelingshoof: Stellenbosch, het die DA reeds ’n klag oor Nzimande se definisie van Afrikaans as “uitheems” by die Menseregtekommissie ingedien, omdat die DA glo dat die klassifisering inbraak maak op die reg van die diverse Afrikaanssprekende gemeenskap tot moedertaalonderrig, gelykheid en waardigheid. Die definisie skep ook die indruk dat die ANC regering die sprekers van Afrikaans as “uitheems” of op die een of ander manier “vreemd” aan Suid-Afrika beskou. In reaksie het Nzimande hom skuldig gemaak aan presies die soort “skreiende wanvoorstelling” waarteen regter Majiedt gewaarsku het, deur besware teen die klassifisering as “rassisties” en “nasionalisties” af te maak. Die DA moedig alle Suid-Afrikaners aan om hierdie petisie te onderteken, waarna die DA dit aan Nzimande sal oorhandig met die eis dat Afrikaans sy regmatige plek inneem as ‘n volwaardige, inheemse Suid-Afrikaanse taal. Klik gerus op enigeen van die skakels hieronder by “Related” om meer oor die “Wonder” oor Afrikaans te wete te kom.
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/07/da-loods-petisie-om-afrikaans-as-inheemse-taal-te-erken/
2021-10-07 05:15:07
Geskiedenis herskryf: Toekomstige verpligte vak
Luidens gerugte in die media beplan die Departement van Basies Onderwys vir die daarstelling van ’n nuwe kurrikulum vir geskiedenis. Geskiedenis sal dan ook ’n verpligte vak wees vir Grade 10 tot 12. Volgens die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, is raadgewende geskiedskrywers, argeoloë, taalkundiges, navorsers en akademici betrek by hierdie projek wat sy uitgelig het as ’n totale herskrywing van die geskiedenis. Volgens Motshekga is die huidige geskiedenis onaanvaarbaar en moet dit herskryf word. Die departement moet nog die fondse vir nuwe handleidings vind en onderwysers sal her opgelei moet word. Motshekga het verder genoem dat die departement van Basiese Onderwys ook voortgaan met planne om moedertaalonderrig deur te voer sodat leerlinge in hul eie taal kan studeer en eksamens aflê. Sy het verwys na skole in die Oos-Kaap waar 2024 skole reeds tweetalig is met IsiXosa en Sesotho wat verby die fondasie fase as onderrigtale gebruik word. Die departement gaan ook nog hierdie jaar proeflopies doen met nuwe vakke wat aangebied gaan word. Dit sluit in entrepreneurskap, kodering en robotkunde. Op nasionale vlak sal 540 skole gemonitor word waar entrepreneurskap as verpligte vak aangebied word. Vanaf 2024 sal hierdie vak amptelik deel van die kurrikulum uitmaak. Volgens die departement is kodering en robotkunde daarop gemik om aan leerlinge riglyne te gee en voor te berei om probleme op te los, krities te dink, as groep saam te werk asook kreatiwiteit te bevorder om in die digitale- en inligting-gedrewe wêreld te funksioneer. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/11/geskiedenis-herskryf-toekomstige-verpligte-vak/
2021-10-11 11:30:06
Jou Sonskyn-Vitamien onder die vergrootglas
Vitamien D vervul heelparty belangrike funksies in jou liggaam. Dit is betrokke by die liggaam se absorpsie van kalsium, jou immuniteitstelsel en beskerm ook die beenstruktuur, spiere en die algemene gesondheid van jou hart. Vitamien D kom natuurlik in voedsel voor en word deur jou liggaam vrygestel sodra jy aan sonskyn blootgestel word. Buiten olieryke vis is daar min voedsel wat ryk is aan vitamien D. Dit klink onwerklik maar tog is daar heelwat mense in Suid-Afrika wat nieteenstaande al ons sonskyn nie genoegsaam blootstelling aan die son geniet om voldoende hoeveelhede vitamien D te produseer nie. Vitamien D – Tekort en die toksiese invloed van ’n oormaat Vitamien D is van die uiterste belang vir jou algehele gesondheid. Selfs al sou jy ’n baie gesonde dieet volg, mag jy dalk steeds aanvulling van vitamien D benodig om optimale bloed- en kalsiumvlakke te handhaaf. Covid-19 het mense bewus gemaak van ’n gesonde immuniteitstelsel asook optimale bloedvlakke wat erg aangetas kan word in pasiënte wat wel die Covid-virus opgedoen het. Een van die bykomende vitamiene wat voorkomend gebruik moet word, is juis vitamien D om doeltreffende immuniteitvlakke en verbeterde hartgesondheid te verseker. Te veel van ’n goeie ding kan dalk nadelig vir jou liggaam wees. Vitamien D is juis een van hierdie gevalle. Vitamien D2 en D3 is as aanvullings vrylik beskikbaar. Vitamien D3 word in reaksie tot blootstelling aan sonlig vrygestel en word ook in diereprodukte aangetref, terwyl vitamien D2 in plante voorkom. Ongelukkig kan die toediening van buitengewone hoë dosisse van vitamien D3 oor lang tydperke tot die opbouing daarvan in jou liggaam aanleiding gee. Deur reg te eet en gereeld blootstelling aan sonlig te kry is nie genoegsaam om sulke hoë vlakke te bereik nie, tensy die persoon aanvulling van Vitamien D neem en die voorgeskrewe dosis soos aangedui is vir lang tydperke oorskry. Newe-effekte kan naarheid, braking en ’n swak eetlus insluit. Maagpyn, hardlywigheid en diarree, wat gewoonlik met reaksies op sommige kos en prikkeldermsindroom vereenselwig word, kan moontlik aan ’n oormaat van vitamien D toegeskryf word en sal dit dan raadsaam wees om jou geneesheer te nader indien so ’n toestand sou voortduur. Aangesien Vitamien D ’n belangrike rol vervul in die absorbering van kalsium deur die skelet, is voldoende vitamien D uiters noodsaaklik om ’n sterk beenstruktuur te handhaaf. Indien jy onseker hieroor is, kom besoek gerus ons apteker by Medhof Apteek vir raad oor die korrekte en mees effektiewe aanvulling van Vitamien D wat in jou behoefte sal voorsien. Bron
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/12/jou-sonskyn-vitamien-onder-die-vergrootglas/
2021-10-12 04:55:58
Medhof bereik 2000 Covid-19 inentings
Medhof Apteek in Thabazimbi het die afgelope week hul 2000 merk vir Covid-19 inentings toegedien bereik. Die tweeduisendste kliënt was Cornel Deysel van Thabazimbi, een van Medhof se getroue kliënte wat baie tevrede is met die gemak en vinnige diens deur Medhof Apteek om inentings toe te dien. Cornel en haar man, Charl, het so saam-saam hul tweede opvolg-inenting ontvang. “My man is nogal bang vir ’n naald, maar suster Woest se vriendelike geaardheid en die mooi manier waarmee sy met pasiënte werk, help nogal baie om die vrees te oorkom”, het Cornel aan Kwêvoël na afloop van die inenting gesê. “So maak ons staat op die diens wat Medhof nog al die jare aan ons gesin bied.” Driansu van der Nest (links), Apteker by Medhof Apteek, oorhandig aan Cornel ’n aandenking met sertifikaat as die tweeduisendste kliënt van Medhof wat haar Covid-19 inenting daar ontvang het. Cornel het gedurende 2012 ’n nieroorplanting ondergaan en aangesien sy deurentyd bewus is van alles wat ’n invloed kan hê om haar veilig en gesond te hou het sy haar eie studie gedoen om die regte ding te doen. “Sedert my nieroorplanting het ek besef dat ’n sterk immuniteitstelsel noodsaaklik is om enige infeksies af te weer. Ek het my nie opgehou met alles wat mense op sosiale media kwytraak nie, maar mediese dokters wat vertroud is met my situasie genader vir raad oor hoe ek die inenting moet hanteer.” “Aangesien enige Covid-19 infeksie die immuniteit verder afbreek, het die terugvoering wat ek ontvang het duidelik uitgewys dat ek my teen Covid-19 moet laat inent”, het sy verder vertel. “Ek moes twee familielede aan Covid-19 gedurende die tyd voordat inentings beskikbaar was afstaan. Ek het besef dat ek myself moet veilig hou en teen die virus beskerm en daarom was dit nie moeilik om uiteindelik die stap te neem nie.” Cornel het mense aangemoedig om hulle self te laat inent om daardeur immuniteit teen die virus op te bou. Medhof doen inenting teen Covid-19 vir alle privaat en mediesefonds kliënte. Die betrokke mediese fond betaal hul kliënte se inentings terwyl privaatpasiënte dit steeds gratis ontvang aangesien die staat vir hierdie kostes instaan. Indien jy nog nie geregistreer het om die inenting te ontvang nie, nader hulle gerus om uit te vind wat die vereiste prosedure is. Hulle sal jou graag hiermee bystaan. Almal 18 jaar en ouer kwalifiseer om teen Covid-19 ingeënt te word.
https://www.kwevoel.co.za/2021/10/15/medhof-bereik-2000-covid-19-inentings/
2021-10-15 04:36:12
Usain Bolt in ’n Shrek-kostuum
Usain Bolt in ’n Shrek-kostuum BMW M4 Competition Kaapstad • Dirk Gallowitz Die “M”-kenteken het oor die jare gesorg vir ikoniese verrigtingmotors wat wêreldwyd met uitsonderlike sukses die renbane aan die brand gejaag het. Die witjasseby BMW se M-afdeling maak ook seker dat wanneer daar ’n “M”-kenteken op ’n BMW model uit München verskyn, dit VERRIGTING in hoofletters beteken. Die nuwe M4 se kantprofiel is steeds die van ’n sportiewe GT motor, maar die groot bohaai gaan eintlik oor die oorgrote niertjierooster wat die voorkant oordonder. Met skrefiesoë toegerus met lasar-LED ligte wat op elke hoek weerskante van die intimiderende groot sierrooster vir jou loer en gapende luginlate laag onder in die voorste buffer, maak die M4 geen geheim nie van ’n DNA wat gelaai is met aggressiewe sportiewiteit. As die sierrooster dalk opinies verdeel, bevestig die wye heupe, styf gespan oor groot vet tekkies en vier groot ronde uitlaatpype middel agter laag in die swart lugsnoer, juis die Beierse bul se vermoë om uitsonderlike verrigting te lewer. Die swart “M4 Competition”-kenteken op die agterklap maak dit duidelik dat hierdie model juis die warmer, meer rengerigte weergawe van die nuwe M4 is. Die swart dak, drukvin, kantspieëls en ander bakpanele is vervaardig uit koolstofvesel om gewig te bespaar by hierdie model. Die swart sierwiele kontrasteer pragtig met die “Shrek”-groen-geel bakkleur (amptelik bekend as Sao Paulo Yellow), terwyl die goue remknypers aantoon dat hierdie model oor die peperduur, maar uiters effektiewe “M-Carbon Ceramic” remme beskik wat vervaardig is uit ’n mengsel van klei en koolstofvesel. Die geheelbeeld is die van ’n gelerige, forse, agressiewe monster wat gereed is om te domineer. ’n Regte Shrek! Kajuit en Toerusting Die kajuit van ons toetsmodel was afgewerk in ’n mengsel van ligblou leer (amptelik bekend as Yas Marina Blue) en Merino swart leer met Alkantara insetsels, koolstofvesel en gepoleerde aluminium. Die kajuit vertoon uiters sportief en word gedomineer deur die opsionele en peperduur (N$82 500) opsionele ekstra “M-Carbon” sportsitplekke wat volgens BMW tot 10kg ligter is as die gewone sport sitplekke. Hierdie sitplekke bied uiters goeie ondersteuning, maar is nie juis gemaklik vir die langpad as jy effe aan die breë kant is nie. Ek verkies egter hierdie duurder weergawes juis vir die steun as jy op die baan gaan speel. Daar is etlike “M”-tekens in die kajuit wat die M4 se M-Sport egtheid bevestig. In die rugleuning van die sitplekke, op die rathefboom, die sportstuurwiel en ook in die digitasle instrumentehuls. Op die deurdrumpels staan “Competition” in die metaal ingeëts. Ek hou van die rooi skakelaars weerskante op die stuurwiel met “M1”en “M2”daarop, waar jy jou persoonlike verrigtingsvoorkeure kan programmeer om met ’n enkele druk van jou duim, jou keuse te aktiveer. Die 2021 M4 bied bestuurders drie M-Modusse, naamlik Pad, Sport en Renbaan en laat bestuurders toe om die M4 se verrigting te stel na gelang van eie voorkeur via ’n “Setup”-skakelaar in die sentrale konsole. Enjin, ratkas, onderstel, stuurgevoel, remme en uitlaatklank kan hier verstel word. Jy kan ook hier die 10-stap “M-Traksiebeheer” met “DSC-Off” verstel en ook die M4 se “Drift Mode” aktiveer wanneer jy lekker wil “speel”! Daar is selfs ’n “Drift Analyser” om die gehalte van jou “spelery/drift” te ontleed! Die M4 Competition is andersins net so luuks en omvattend toegerus met elektronika, bestuurderhulpmiddels en veiligheidstelsels soos wat dit ’n BMW van N$2 miljoen betaam. Agter in die kajuit sal die passasiers maar aan die kleinerige kant moet wees om gemaklik te sit, veral as die voorste insittendes meer as 1,8 meter lank is soos die uwe. Enjin en verrigting Vir sportmotor entoesiaste en spoedvrate soos ek, is die nuwe M4 Competition ’n begeerlike en uiters gesogte stuk ingenieurswerk waarmee daar op die teerpad en die baan gespog kan word. Soos elke ander M-motor uit München, is die M4 Competition doelgerig sportief, padvas en sekuur in paddinamika met indrukwekkende verrigting. Onder die lang enjinkap is daar ’n 3.0-liter reguit 6-silinder petrolenjin waaraan twee turboaanjaers vasgebout is. Die gevolg is 375kW en 650Nm van imponerende kragte wat via n snelwisselende 8-spoed outokas na die agterwiele gestuur word. Versnelling van 0-100kpu neem minder as 4 sekondes en hou jy die voet geplant, raak die enjin eers uitasem effe suid van 300kpu sou jou M4 oor die opsionele verrigtings pakket beskik! Die “M-Carbon Ceramic” remme teen N$141 000 ekstra, is verstelbaar tussen “Normaal” en “Sport” met laasgenoemde wat sorg dat die M4 indrukwekkend vinnig spoed kan verminder wanneer jy oopketel op die draai afpyl! Ten spyte van hierdie byna supermotor verrigtingsyfers, word BMW se amptelike brandstofverbruik aangegee as 10,2l/100km. Hantering en padgedrag Danksy BMW se “Adaptive M Suspension” is greep, paddinamika en hantering van die 2021 BMW M4 Competition ’n motorpuris se droom. Die “M Servotronic” stuurstelsel is heerlik presies met baie goeie terugvoer. Deur die draaie, esse en swiepe kon ek die uitsonderlike greep van die breë lae profiel rubber op die 20” agterwiele waardeer. Dit bygesê, moenie dit probeer as die bande nie eers behoorlik warm gery is nie. Ek het ook gevind om behoorlike greep te kry en wieltol te minimaliseer, moes ek die banddruk agter effe verlaag. Ek was ook verbaas hoe goed die veerstelsel ongelyke padoppervlaktes kon opslurp sonder om die rit ongerieflik te maak in die dun sportsitplekke. Die nuwe M4 is effe breër (17mm) en ook 122 mm langer as sy voorganger wat bygedra het dat hantering en ritgehalte beter is. Greep en balans is gevolglik beter met meer stabiliteit deur draaie. Wanneer te veel krag wel aangewend word en die agterwiele greep verloor sodat die stert uittol, kan dit beter beheer en vinniger reggestel word. Die M4 se sterkpunt is uiteraard sy Usain Bolt-eienskappe as dit by spoed kom. Die versnelling van 0-100kpu voel veel vinniger as die amptelike 3,9 sekondes, met 200kpu wat verstommend vinnig behaal word. Die topspoed is heel gemaklik behaal. Ek geniet dubbelkoppelaar ratkaste, maar die nuwe M4 Competition se 8-spoed outo voel net so skerp met ewe vinnige reaksies op insette. Opsomming Wat ’n ervaring van loutere bestuursgenot om met die nuwe M4 Competition deur die draaie, esse en vinnige swiepe te dans, terwyl die sonoriese klanke van die 6-silinder turbo enjin se hoë toere die ore streel! Hard op die remme, vinnig deur die ratte... 6...5...4...3 met die spane. Halflyf deur die draai terwyl jy die apeks soen ... hou die toere... hou die toere vir as die agterwiele greep sou verloor, dan moet daar krag wees om te kan regmaak...tot die draai effe oopmaak om dan weer hard op die versneller te klim en te voel hoe die stert effe uitkom met die gapende afgrond wat die groen-geel monster soos ’n magneet trek! Genadiglik byt die wiele vas en die M4 skiet uit die blokke soos net Usain kan doen terwyl ek deur die ratte en toere jaag... net om kort voor die volgende skerp draai hard op die remme te klim met die veiligheidsgordel wat diep in my skouer byt terwyl ek weer vinnig met die spane afrat 6..5...4...3! Net om dit weer en weer en weer te doen tot die pas uiteindelik eindig en die pad reguit vorentoe uitstrek. Sjoe! Wat ’n indrukwekkende stuk ingenieursvernuf. Wat ’n verstommende motor!
https://www.we.com.na/news/usain-bolt-in-n-shrek-kostuum2021-10-13/
2021-10-13 00:00:00
Kersfees mark met ‘n verskil
Windhoek • [email protected] Die jaarlikse Village Christmas Market is om die draai met Wanderers wat in ’n sprokiesagtige dorpie getransformeer gaan word wat almal sal laat besef Kersfees is om die draai.Volgens organiseerder Kobie Wassefall, word daar vanjaar veral gefokus op plaaslike entrepreneurs. “Dit is belangrik om ’n platform te skep vir klein besighede, veral vir diegene wat tydens Covid hul werk verloor het of ’n ander plan moes maak om kop bo water te hou.”Sy vertel dat daar besonderse uitstallers is wat hulle produkte en dienste gaan vertoon en dat dit wonderlik sal wees om te sien hoe vindingryk Namibiërs is.Vir Kobie is die Kersseisoen ’n geleentheid vir families en vriende om tyd saam te spandeer en hulle harte oop te maak. “Ons almal het die afgelope jaar en ’n half ongelooflike pyn en verlies ervaar, maar nou kan ons weer bietjie asem skep. Ons kan vir God die eer gee vir die wat nog met ons is. Ons moet opnuut besef wat ons in Hom het en dankbaar wees vir elke dag.”Die Kersmark is beslis ’n geleentheid vir oud en jonk en families word genooi om dit saam te kom geniet. “Daar is tot ’n geleentheid vir ’n familie fotosessie saam met Kersvader en ons moedig ons ouer mense ook aan te kom deelneem in die pret,” sê Kobie.Die mark vind vanaf 1 tot 6 November by Wanderers plaas. “Die Kersmark is ’n week lank om te verseker dat almal die tyd sal kry om ’n draai te kom maak. En as jy nie ’n oorhaastige koper is nie, kom een dag om te loer en kom later terug om dan heerlik te koop,” lag sy.Tydens die mark sal daar ook kans wees om donasies in die vorm van ou klere, speelgoed en nie-bederfbare produkte af te laai. Dit sal na die mark aan behoeftige instansies uitgedeel word. “Ons moet ons harte oopmaak aan die wat nie het nie en hierdie is ’n wonderlike manier om terug te gee,” sê Kobie.So merk nou al jou kalender en kom hou saam fees.
https://www.we.com.na/news/kersfees-mark-met-n-verskil2021-10-19/
2021-10-19 00:00:00
21 brande rondom hoofstad aangemeld
Windhoek • [email protected] Altesame 21 brande is vanaf 27 September tot 7 Oktober in die Windhoek-omgewing aangemeld. Hiervan is tien in voorstede aangemeld en 11 in die buitewyke.Volgens ’n munisipale woordvoerder, Lydia Amutenya, het die onlangse veldbrande ’n baie groot area verwoes. “Die presiese grootte is in hierdie stadium onbekend, aangesien die operasie nog voortduur en gevolglik kan die omvang daarvan eers daarna bepaal word. Die fokus is nou net om brande te blus.”Sy het gesê dat klein brande tussen Khomasdal, Dorado Park en Cimbebasia aangemeld is, asook groot brande buite te stad, wat Elisenheim, Döbra, die Erosberge, Kaiser Wilhelm-berg, Satan’s Loch, Daan Viljoen, Heja Lodge, Regenstein en Omeya ingesluit het.Die stad sal aanhou om voorkomingswenke en voorsorgmaatreëls wat geneem moet word in gevalle van veldbrande, met die publiek deel, het sy gesê.“Die plantegroei is uiters vlambaar en in hierdie seisoen wanneer dit winderig is, kan brande maklik van die een gebied na die ander versprei, dus is dit belangrik om voorsorgmaatreëls te tref en voorbereid te wees op veldbrande.”Amutenya het die publiek aangemoedig om hul omgewing skoon te hou, minstens drie meter van hul grense af.Meer as 2,6 miljoen hektaar regoor die land is reeds sedert die begin van Namibië se brandseisoen in Mei deur veldbrande verwoes.
https://www.we.com.na/news/21-brande-rondom-hoofstad-aangemeld2021-10-12/
2021-10-12 00:00:00
Stadsraad se uitvoerende hoof: Wie het uitgeval
Windhoek • [email protected] Minstens 61 mense uit verskeie sektore, hoofsaaklik semistaatsinstellings se bestuurders en senior staatsamptenare, het aansoek gedoen vir die pos van die hoofstad se uitvoerende hoof.Dit sluit vier aansoekers in met ’n hoogste kwalifikasie van graad 12, ondanks die feit dat die pos onder meer ’n meestersgraad en ’n minimum van 10 jaar se korporatiewe ervaring vereis.Die lys aansoekers, wat deur hierdie publikasie gesien is, verskyn te midde van bewerings dat gekwalifiseerde mense uit sekere demografieë doelbewus nie op die kortlys geplaas is nie.Een van die voorste kritici van die proses, Sade Gawanas – ’n raadslid van die Landless People's Movement (LPM) – het gesê “integriteit ontbreek” in die proses. In een van haar uitlatings op sosiale media wat die proses kritiseer, het sy gesê: “Vir die integriteit van die proses en diegene wat aansoek gedoen het vir die pos van uitvoerende hoof, ek sal nie die lys bekend maak nie, maar ek is daarvan oortuig dat diegene wat vir die pos uitgesoek is, deur helvuur en heilige water sal moet loop”.Sy het ook op ’n stadium beweer dat daar beslag gelê is op haar harde kopie van die lys aansoekers deur die burgemeester, Job Amupanda. “[Ek] het die lys van aansoekers, soos ons vroeër gevra het, per e-pos van menslike hulpbronne ontvang. Toe ek besig was om die lys te druk, het die drukker vasgehaak. Ek het ’n intern gevra om dit reg te maak en die volgende oggend vir my te bring, want dit was reeds 17:00. Die volgende oggend is ek meegedeel dat die lys deur die burgemeester gekonfiskeer is, want ek moes die lys blykbaar nie hê nie,” het sy op 30 September op haar Facebook-blad geskryf.BekendesGawanas bevraagteken ook die geloofwaardigheid van die aantal aansoekers. “Ek herhaal, waar is almal wat aansoek gedoen het? Ek wil weet of 68 die totaal van alle aansoekers in die hele Namibië was?”Die lys in die besit van hierdie publikasie dui aan dat slegs 61 mense aansoek gedoen het. Dit sluit in die voormalige visekanselier van die Universiteit van Namibië (Unam) vir finansies en administrasie Boniface Mutumba; die voormalige uitvoerende hoof van die stadsraad in Oshakati Werner Iita; en die voormalige uitvoerende hoof van die stad Windhoek, Robert Kahimise, wat tans Cenored se uitvoerende hoof is.Staatsamptenare soos Tileinge Nghaamwa (ministerie van handel), Joyce Mukubi (adjunk uitvoerende direkteur vir werke en vervoer), Gerard Vries (onderwys), Petrus Muteyauli (omgewing), Medusalem Nandjembo (stedelike en landelike ontwikkeling), Lisho Mundia (hoër onderwys), Charles Sanzila (finansies) en Enid Hanze (onderwys) was ook op die lys.Bestuurders wat by semistaatsinstellings dien, sluit in Namene Kalili (Padfondsadministrasie), Alfeus Shikongo (Unam), Jackpelins Muundjua (NUST), Israel Iilende (GIPF) en Kavezemburuka Veii-Mujoro (New Era Publications Corporation). Conrad Lutombi, hoof van die Paaieowerheid en sy ondergeskikte Kazarus Kunugab, wat as senior ingenieursbestuurder by die agentskap werk, se name was ook op die lys.Ander belangstelledes is die uitvoerende direkteur van die Namibian Institute of Public Administration and Management (NIPAM) Maria Nangolo, dr Eino Mvula van NamWater, Alfeus Siyamba van die Agro-Marketing and Trade Agency (AMTA) asook Fillemon Immanuel en Sylvanus Nambala van die NSFAF.Vanuit plaaslike owerhede was aansoekers Moses Matyayi (Otjiwarongo-munisipaliteit), Kisco Sinvula (Grootfontein-munisipaliteit) en Junias Jakob (Oniipa-stadsraad). Al drie is uitvoerende hoofde by hul onderskeie stadsrade.Die hoopvolles in die privaatsektor was onder meer die hoof van Makalani-fondsbestuur Salomo Hei; Free Press of Namibia se besturende direkteur en redakteur Tangeni Amupadhi; Standard Bank se Sigrid Tjijorokisa; asook as Charmill Zamuee (konsultant by Global Advisory Alliance), Garden Hengua (Carapau Fishing) en Hertitha Muyoba (Namibia Dry Dock and Ship Repairs).Seth Boampong Panti van Ghana was die enigste buitelander wat aansoek gedoen het vir die pos.Uit die 61 aansoekers, was net Matyayi, Lutombi, Mvula, Mukubi en Zamuee op die kortlys geplaas en mee onderhoude gevoer.
https://www.we.com.na/news/stadsraad-se-uitvoerende-hoof-wie-het-uitgeval2021-10-12/
2021-10-12 00:00:00
Eerste globale skatting van belangrikheid van bestuiwers vir plante
Eerste globale skatting van belangrikheid van bestuiwers vir plante Die meeste blomplantspesies maak op bestuiwers staat vir voortplanting. Dit is waar vir die jaarlikse magrietjiespesies wat vir die massa lenteblomvertoon in Suid-Afrika verantwoordelik is. Hulle volhoubaarheid in die ekosisteem is weer afhanklik van hierdie saadvorming, wat hulle dus kwesbaar sal laat indien bestuiwergetalle afneem. Foto’s AG Ellis Die meeste blomplantspesies maak op bestuiwers staat vir voortplanting. Dit is waar vir die jaarlikse magrietjiespesies wat vir die massa lenteblomvertoon in Suid-Afrika verantwoordelik is. Hulle volhoubaarheid in die ekosisteem is weer afhanklik van hierdie saadvorming, wat hulle dus kwesbaar sal laat indien bestuiwergetalle afneem. Foto’s AG Ellis Ongeveer 175 000 plantspesies – die helfte van alle blomplante – maak gedeeltelik of algeheel staat op dierebestuiwers ten einde saad te kan produseer en sodoende te kan voortplant. ’n Afname in bestuiwergetalle kan dus groot ontwrigtings in natuurlike ekosisteme veroorsaak, wat die verlies aan biodiversiteit insluit. Dit is die bevinding van ’n artikel, “Widespread vulnerability of plant seed production to pollinator declines”, wat op 13 Oktober 2021 in die vaktydskrif Science Advances gepubliseer is. Dr James Rodger, ’n nadoktorale genoot in die Departement Wiskundige Wetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US) en hoofouteur, sê dit is die eerste studie wat ’n globale skatting gee van die belangrikheid van bestuiwers vir plante in natuurlike ekosisteme. Die studie, wat 21 wetenskaplikes betrek wat geaffilieer is by 23 instellings op vyf kontinente, is gelei deur dr. James Rodger en prof. Allan Ellis van die US. Dit is die produk van die Sintesesentrum vir Biodiversiteitswetenskappe (sDiv) gesetel in die Duitse Sentrum vir geïntegreerde Biodiversiteitsnavorsing. Prof Tiffany Knight van die Helmholtz Sentrum vir Omgewingsnavorsing en ’n senior mede-outeur, sê onlangse assesserings van bestuiwing het die aandag gevestig op 'n kennisgaping in ons verstaan van hoe afhanklik plante van hul dierebestuiwers is. “Ons sintetiese navorsing oorbrug hierdie gaping en stel ons in staat om tendense in die biodiversiteit van bestuiwers en hulle getalle te verbind met potensiële gevolge wat dit vir plante op 'n globale vlak kan inhou,” verduidelik sy. Internasionale antwoorde Alhoewel die meeste plante deur diere bestuif word, benut die meeste plante ook hul gedeeltelike outofertiliteit. Dit beteken dat hulle ten minste ’n paar sade kan vorm sonder die hulp van bestuiwers deur middel van selfbestuiwing. Maar hoe belangrik ís bestuiwers vir plante wat in die natuur voorkom? Tot en met hierdie studie was daar nog nie ’n duidelike antwoord op globale vlak vir hierdie vraag nie. Die navorsers het die bydrae wat bestuiwers tot saadproduksie lewer, gebruik as ’n indikasie van hulle belangrikheid vir plante. Hierdie bydrae is gemeet deur saadproduksie in die afwesigheid van bestuiwers te vergelyk met saadproduksie in die teenwoordigheid van bestuiwers. Data hieroor het wel bestaan, maar was versprei oor honderde navorsingsartikels heen wat elk op bestuiwingseksperimente op verskillende plantspesies gefokus het. Ten einde hierdie probleem op te los, het navorsers aan verskeie instellings begin om die inligting in databasisse te konsolideer. Dr. Rodger het as nadoktorale genoot in die US se Departement Plant- en Dierkunde, die Stellenbosch Breeding System Database ontwikkel; prof. Tiffany Knight, prof. Tia-Lynn Ashman en dr. Janette Steets het die sPLAT-werksgroep gelei wat die GloPL-databasis tot stand gebring het; en prof. Mark van Kleunen en Dr Mialy Razanajatovo het die Konstanz Breeding System Database opgestel. Vir die huidige studie, is al drie databasisse gekombineer in ’n nuwe databasis. Dit sluit data in wat verkry is uit 1 528 afsonderlike ekperimente, verteenwoordig 1 392 plantpopulasies en 1 174 spesies van 143 plantfamilies vanaf alle kontinente, behalwe Antarktika. Drastiese afname Die bevindinge toon dat ’n afwesigheid van bestuiwers sou beteken dat ’n derde van blomplantspesies geen saad sal produseer nie, en die helfte 'n afname van 80% of meer ten opsigte van vrugbaarheid sou toon. Dus, alhoewel outofertiliteit of selfbestuiwing algemeen voorkom, kompenseer dit geensins ten volle vir ’n afname in bestuiwingsdiens in die meeste plantspesies nie. “Onlangse studies toon dat baie bestuiwerspesies ’n afname in getalle getoon het en sommige selfs uitgesterf het. Ons bevinding dat groot getalle plantspesies in die natuur staatmaak op bestuiwers, toon dat ’n afname in bestuiwergetalle groot ontwrigting in natuurlike ekosisteme kan veroorsaak,” waarsku dr. Rodger. Prof Mark van Kleunen van die Konstanz Universiteit en ’n mede-outeur, sê dit is nie 'n geval dat alle bestuiwers verdwyn nie. Indien daar minder bestuiwers in die omgewing is, of selfs net 'n verandering is ten opsigte van watter bestuiwerspesies die volopste is, kan ons 'n kettingeffek by plante verwag: 'n potensiële afname in die geaffekteerde plantspesies, wat weer op húl beurt dierspesies en menslike bevolkings benadeel wat op daardie plante staatmaak. Bestuiwers is nie slegs belangrik vir gewasproduksie nie, maar ook vir biodiversiteit. “Dit beteken ook dat plante wat nie op bestuiwers staatmaak nie, soos baie ploblematiese onskruid, selfs meer sal versprei indien bestuiwersgetalle aanhou afneem,” voeg hy by. Minder nektaar, stuifmeel Dr Joanne Bennet, ’n mede-outeur van die Universiteit van Canberra, sê nog ’n bykomende ontstellende faktor is die positiewe terugvoerlus wat ontwikkel wanneer bestuiwer-afhanklike plante se getalle afneem of hulle selfs uitsterf: “Indien outofertiele plante of selfbestuiwers die landskap begin domineer, sal selfs meer bestuiwers negatief geraak word, aangesien selfbestuiwers geneig is om minder nektar en stuifmeel te produseer.” Volgens dr. Rodger is alles darem nie net droef en donker nie. Baie plante is langlewend, wat bestuiwers ’n geleentheid bied om te herstel alvorens plantuitsterwings voorkom as gevolg van ’n gebrek aan bestuiwers. “Ons het ’n gebrek aan hoëkwaliteit langtermyn moniteringsdata oor bestuiwers in Afrika, alhoewel daar al ’n begin gemaak is. Ons hoop dat ons bevindings meer van hierdie tipe navorsing sal stimuleer, sodat ons 'n afname in bestuiwergetalle kan opspoor en hulle impak op biodiversiteit kan temper,” sluit dr. Rodger af.
https://www.we.com.na/news/eerste-globale-skatting-van-belangrikheid-van-bestuiwers-vir-plante2021-10-18/
2021-10-18 00:00:00
Hier kraai omgewingsvriendelike produkte koning
Windhoek • [email protected] Wilma Garises – ’n inwoner van Swakopmund – omskep weggooiplastiek in bruikbare en unieke sakke.“My ouers het my altyd geleer om op te tel en skoon te maak,” sê Garises.Sy neem plastiek en ander weggegooide items, soos leë skyfiepakkies, en omskep dit in nuwerwetse en kreatiewe bykomstighede, van handsakke, toiletwarsakkies en potloodhouers tot beursies.Die 58-jarige is gebore en getoë op ’n plaas ongeveer 50 km buite Maltahöhe, waar haar ouers gewerk het. Ná sy graad 10 voltooi het, het sy na Swakopmund verhuis, waar sy tien jaar by ’n haarsalon gewerk het. Sy gebruik toe haar ervaring en maak haar eie salon oop, waar sy ook haar tasse verkoop.“Van kleins af het ek nog altyd van handwerk gehou,” vertel sy.Garises het sowat 20 jaar gelede begin met die maak van hoede en handsakke uit plastieksakke en sien toe ’n geleentheid om nog items te herwin. Dit is hoe sy sakke uit skyfiespakkette begin ontwerp het.“Baie mense gooi plastieksakke rond en ek het net gedink ek moet iets begin om ander te leer wat hulle met afvalmateriaal kan doen en dit in iets bruikbaar omskep.”Garises versamel herwinbare materiaal met die hulp van vriende en familie. “Uit niks doen ek iets om die omgewing skoon te maak. Alles wat ek kan herwin, herwin ek,” voeg sy by.Tans het sy ’n reeks voorskote, handsakke, toiletwaresakkies en beursies wat onder meer pryk met huishoudelike name soos Simba, Nik-Naks, Sunlight en Sugar King.Opheffing“Ek wil ander mense leer; die werklose jeug. Ek wil hulle leer om vir hulself werk te skep, want in Namibië is daar geen werk nie.”Omdat sy van ’n plaas af kom, het Garises gesê dat sy ’n behoefte het om ook vroue uit die platteland op te lei om vir hulself ’n bestaan te kan maak. Sy het tot dusver opleidingsgeriewe buite Maltahöhe ingerig.“Ek is besig om die vroue op te hef. Dit is waar my motivering vandaan kom. Ek wil ander mense help sodat hulle ook iets uit niks kan maak en ’n inkomste kan verdien. ”Hoewel die entrepreneur nie deur die Covid-19-pandemie gespaar is nie, is sy hoopvol dat haar groot planne eendag verwesenlik sal word. Sy werk tans saam met haar dogter, wat verlede jaar gematrikuleer het.Sy hoop om vanjaar nog ten minste twee mense in diens te neem om haar te help met die vervaardiging van die unieke sakke en terwyl sy dit met haar haarkappersake balanseer.“Met een masjien werk dit nie,” sê Garises en voeg by dat sy ’n klein naaimasjien gebruik wat aan haar dogter behoort, aangesien al haar ander masjiene oud is.“Alles wat ek kry, as iemand byvoorbeeld ’n handsak koop, gebruik ek die geld om die masjien te onderhou en om weer materiaal aan te skaf,” sê sy.“As ek geld kry of iemand borg my, sal ek seker maak dat ek my onderneming opbou,” sê Garises wat daarvan droom om eendag ’n fabriek te hê. “Ek wil nie hier bly nie. Ek moet groei.“Ek is 'n haarkapper en is besig, maar as ek nie daardie dag kliënte het nie, kan ek tot 20 sakke per dag sit en maak,” sê sy.Om haar besigheid te laat groei, het Garises gesê dat sy goeie masjinerie en vervoer benodig om haar produkte na die verskillende fasiliteite te neem, wat dikwels in ander dorpe en selfs ander streke is.“As jy plastieksakke het, moet dit nie weggooi nie. Plastieksakke, skyfiesakke, enigiets - kontak my net,” sê sy.Haar produkte is beskikbaar by Made In Namibia in Swakopmund of kontak Garises direk by 081 294 6287.
https://www.we.com.na/news/hier-kraai-omgewingsvriendelike-produkte-koning2021-10-25/
2021-10-25 00:00:00
Hoofstad ’n sanitêre tydbom
Windhoek • [email protected] Informele nedersettings in die hoofstad sal heel moontlik eendag met ’n lelike skok wakker word as die munisipaliteit nie vinnig beweeg om genoegsame sanitasiedienste aan ongeveer 50 000 inwoners in drie kiesafdelings lewer nie.Aangesien Windhoek voor ’n ernstige sanitasie -krisis staan, is die politieke leierskap van die munisipaliteit besig om maatreëls te tref om ’n ramp te voorkom wat mense in baie gevalle dwing om die bos te gebruik om te ontlas.In ander gemeenskappe word meer as 100 mense gedwing om putlatrines te deel.Munisipale raadslede het intussen ’n mosie ingedien vir die hervatting van ’n projek vir die verskaffing van sanitêre dienste wat tot stilstand gekom het nadat die nuwe raad hul setels ingeneem het ná die plaaslike verkiesings verlede jaar.“Dit is algemeen bekend dat die projek vir die voorsiening van sanitasiegeriewe in die informele nedersettings van ons stad goed op dreef was voordat ons in Desember verlede jaar oorgeneem het. Toe ons dit oorgeneem het, is hierdie belangrike projek egter laat vaar ten gunste van ander projekte wat tot dusver nie die gewenste resultate gelewer het nie,” het Swapo-raadslid, Queen Kamati, in ’n brief van 23 September aan George Mayumbelo, waarnemende uitvoerende hoof, gesê.As gevolg van die haglike situasie, het sy gevra vir die implementering van projekte wat gerig is op die voorsiening van sanitasiegeriewe, veral in spesifieke areas van Katutura, waaronder die Moses // Garoeb-, Tobias Hainyeko- en Samora Machel-kiesafdelings.'Skokkend'“Ek dink dis ’n afskuwelike en onmenslike toedrag van sake,” het sy in die brief gesê. “Trouens, die situasie beteken ook dat ons as stad nie voldoen aan die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling nie,” verwysend na die gebrek aan skoon water en sanitasie.Kamati het gesê dat sy “die situasie eerstehands waargeneem het”, wat volgens haar “erg” is en “dringend ingryping verg”.Die gebrek aan sanitasiegeriewe het inwoners van hierdie kiesafdelings genoop om in die openbaar te ontlas, het Kamati gesê en bygevoeg dat die situasie ’n Hepatitis-uitbreking kan veroorsaak.Volgens statistieke van die Windhoek munisipaliteit, het die Samora Machel kiesafdeling met 21 241 informele strukture, die grootste bevolking van mense wat in ’n informele nedersetting woon, maar die swakste diensverskaffing geniet.Tobias Hainyeko-kiesafdeling is tweede met 14 546 informele strukture, gevolg deur Moses // Garoeb met 9 052 informele strukture.Kamati het die veiligheidsgevare beklemtoon wat inwoners in die gesig staar weens ’n gebrek aan straatligte in hierdie gebiede.Terwyl sy erkenning gee aan die stad se programme om bekostigbare behuising te bied, het sy gesê dat sulke planne “nie gou sal realiseer nie, aangesien hierdie verordening na verwagting deur baie burokratiese en omslagtige beplanningsfases sal gaan”.In sy reaksie het Mayumbelo gesê dat Kamati se mosie op die raad se agenda geplaas sal word.
https://www.we.com.na/news/hoofstad-n-sanitre-tydbom2021-10-05/
2021-10-05 00:00:00
Matie soek perfekte resep vir renosters se formulemelk
Matie soek perfekte resep vir renosters se formulemelk Dakota Guy, ’n meestersgraadstudent in Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, besig om formulemelk te voer aan renoster-wesies wat deel is van haar navorsingsprojek. Foto verskaf RhinoonScale.jpg Een van die moeiliker dele van die navorsingsprojek is om renoster-kalfies te kry om op ’n skaal te staan, sodat hulle gereeld geweeg kan word. Foto Dakota Guy ’n Nagraadse student in Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), Dakota Guy, is tans besig om ’n plaasvervanger vir regte renostermelk te ontwikkel wat so na as moontlik aan die oorspronklike is. Die formulemelk sou gebruik kon word om renoster-wesies of kalfies wat deur hul ma’s verwerp is, te voer. Dit word tans by verskillende renosterskuilings getoets, en blyk reeds heel waardevol te wees. Guy se pogings vorm deel van haar MSc-studies in die Departement Veekundige Wetenskappe in die US se Fakulteit AgriWetenskappe. Sy sê dat renoster-wesies gewoonlik gevoer word met ’n kommersiële perdemelk-formule, of soms selfs met ’n beesmelk-vervanging. “Dis moeilik om te glo, maar perde en renosters is verwant, aangesien hulle in die verre verlede ’n gedeelde familielid gehad het, en daarom soortgelyke verteringstelsels het,” verduidelik Guy. Daar is reeds verskillende soorte perdemelk-vervangings op die mark. Die fyn wit poeier word met water gemeng voor elke voeding. Die huidige produk kan egter nogal duur per kilogram uitwerk. Plaasvervanger Guy en navorsers wat haar help het daarom begin werk aan die ontwikkeling van ’n plaasvervanger- renostermelk wat so na as moontlik is aan die samestelling van die werklike melk van ’n suidelike witrenoster. Die resep bevat bestanddele soos weipoeier, plantaardige vet, dekstrose, natrium-kaseïenaat en Biosin. Die eindresultaat is ook ’n fyn wit poeier wat met water gemeng word. Tot dusver blyk dit meer koste-effektief as die perdemelk-vervanger te wees. Guy vergelyk tans die gebruik daarvan met die perdemelk-vervanger in terme van hoe goed die kalwers groei en hoe maklik dit vir hulle is om te verteer. Die kalwers in haar proef word elke week geweeg. Albei soorte melkvervangers word in Oudtshoorn deur Nandrea Health Products vervaardig. “Dis beslis nie die maklikste ding om diere op een of ander manier te leer om op ’n skaal te klim en lank genoeg stil te staan sodat mens die geskikte mates en gewigte kan neem nie,” erken Guy. “Dit kan baie moeilik en stresvol wees, veral met ouer of temperamentele kalwers.” ’n Groot probleem was aanvanklik om genoeg renosterkoei-melk vir ontleding te verkry. Inderwaarheid het dit twee jaar geduur voordat genoeg monsters versamel is sodat dit goed genoeg gedoen kon word. “Ek moes eers weet wat die presiese samestelling daarvan is, voordat ons kon begin werk aan ’n vervangingsresep,” onthou Guy. Droomgeleentheid Vir haar is dit ’n droomgeleentheid om elke dag met ’n bedreigde spesie te mag werk. Sy vertel ook dat dit een ding is om ’n rustige melkkoei te melk, maar ’n heel ander kwessie wanneer dit by renosters kom. Daar is altyd ook die bykomende vrees dat, indien ’n mens ’n renosterkoei sou melk, dit soveel stres kan veroorsaak dat sy haar kalf sou kon verwerp. Guy en haar medewerkers het daarom alle moontlike geleenthede vir dié melkery aangegryp wanneer ’n renosterkoei met ’n kalfie verdoof is vir byvoorbeeld die afsny van die horing of iets soortgelyk. “Sulke tye moet die kalfie van die ma geskei word sodat jy met haar kan werk. Hierdie situasies kan gevaarlik wees , byvoorbeeld as die kalfie besluit om terug te keer terwyl die gekwalifiseerde personeel nog aan die werk is.” Met die hulp van ander renoster-skuilings in Suid-Afrika hoop Guy om nog meer kalwers betrokke te kry by die navorsing. “Die ideaal is dat ons 12 kalwers moet hê waarvan die helfte perde-melkvervanger ontvang, en die res die renoster-melkvervanger. “Te veel renosterkoeie met kalwers aan hul sy is in onlangse jare gestroop, terwyl ander koeie vrek aan natuurlike oorsake. Skuilings ontvang dikwels ook beseerde, siek of swak kalwers, of diegene wat deur hul ma’s verwerp is, of van hulle geskei is op een of ander tyd en nie weer herenig kan word nie. Nuutgebore kalfies (wat tussen 60 en 80 kilogram weeg, soveel soos ’n volwasse mens) drink 8 tot 12 bottels per dag, aanvanklik elke 2 tot 3 uur. Hulle kan tussen 6 en 6.5 liter op ’n keer drink. Die ouer kalwers drink meer as 20 liter per dag. Die meeste begin teen hul derde maand vaste voer inneem; afhangend van wanneer hul tande uitkom, maar is slegs ten volle gespeen teen hul 16de maand. “Renosterkalwers huil soos babas wanneer hulle honger is,” verklap Guy. Sonder hul ma’s is hul kans op oorlewing maar skraal. “Renoster-weeshuise speel ’n belangrike rol in die versorging van renoster-kalfies,” reken Guy. *Geskryf deur Engela Duvenage, namens die Fakulteit AgriWetenskappe, Universiteit Stellenbosch
https://www.we.com.na/news/matie-soek-perfekte-resep-vir-renosters-se-formulemelk-2021-10-01/
2021-10-01 00:00:00
Aktietilbagekøb i Danske Andelskassers Bank A/S -
https://www.globenewswire.com/news-release/2021/10/18/2315358/0/da/Aktietilbagek%C3%B8b-i-Danske-Andelskassers-Bank-A-S-transaktioner-i-uge-41.html
2021-10-18 00:00:00
Waancaa Addunyaa Qataar 2022: Biyyooti Afrikaa Waancaa Addunyaaf darbuuf hiree qaban kami?
https://www.bbc.com/afaanoromoo/isportii-58910598
2021-10-14 00:00:00
Finaliste in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie 2021
This post is also available in: English Finaliste in die 2021 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig. Plaas Media is trots om die finaliste in die agtste Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aan te kondig. Ten spyte van die struikelblokke wat tydens die monsternemingstydperk ervaar is, was die kompetisie weereens ‘n reusesukses. Vanjaar se kompetisie het ‘n rekord hoeveelheid 105 inskrywings ontvang. Hiervan was 79 mielie-, 16 hawer-, agt voersorghum- en twee grasinskrywings. Die inskrwyings het bestaan uit 73 bunkers, 26 sakke en ses kuilvoerbale. Soos in 2020, is die kuilvoerbale-kategorie weer ingesluit as ‘n toetskategorie met die oog op moontlike formele insluiting in toekomstige kompetisies. Vanjaar se inskrywings ‘n Totaal van 23 maatskappye en produsente het hulle kliënte, of eie plase, ingeskryf. Elf van die maatskappye het vir die eerste keer ingeskryf. Die maatskapye was AFGRI Veevoere, Nova Voere, Welgemoed Plaas, Kemin Industries, RCL Foods/Epol, Nutribase, Meadow Feeds Paarl en Meadow Feeds Natal, Winterstorm Investments, Pannar Saad, Sparta Baby Beef, Strapping & Profile, EC Contracting, Kameeldrift Voere, Hurwitz Farming, Saxeni Agric, White Gold Farms, Malati Farm, JW Nel & Seun Boerdery, Lactimar, Mas Corporation, Limpopo Dairies, Pioneer, en Envarto. Borge Die hoofborg van vanjaar se kompetisie was weereens Santam Landbou, wat sedert die aanvang van die kompetisie as naamborg optree en hul ondersteuning deurgaans aan die kompetisie bied. Die prysborge is Labworld, Claas/Kempston Agri, Pannar Saad, Kemin Industries, Strapping & Profile, Nutribase en Hurwitz Farming. Monsterneming Die monsterneming is deur vier studente van verskillende Suid-Afrikaanse universiteite gedoen. Die studente is Gerrit Putter en JG Els van die Universiteit van die Vrystaat, Timothy Chilemba van die Universiteit van Pretoria en Henlo Smit van Stellenbosch Unversiteit. Richardt Venter van AgSci, die kompetisie se koördineerder, het die studente tydens ‘n spesiale opleidingsdag opgelei in die monternemingsproses. Die monsters is deur dr Elrisa Taljaard en haar span by Labworld getoets. Die data-ontleding is deur die stigter en beskermheer van die kompetisieprotokol, prof Robin Meeske, van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Outeniqua Navorsingplaas gedoen. Ontmoet die finaliste Daar is drie formele kategorieë waarin finaliste aangekondig word, naamlik mielies, voersorghum en hawer. Daar is een toetskategorie, naamlik kuilvoerbale, en finaliste sal in hierdie kategorie ook aangekondig word. Vir die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis, bestaan die top tien mieliekategorie-finaliste uit ewe veel bunkers en sakke. Daar is ook drie voormalige kategorie- en kompetisiewenners onder die top tien. Dit is ‘n toonbeeld van enersyds die mededingendheid van die inskrywings, en andersyds die waarde wat die resultate vir deelnemers inhou. Mielie-kategoriefinaliste in alfabetiese volgorde: Farm/enterprise name Farmer/producer Entered by Entry type ALS Group Arno Joubert Nutribase Silo bag Deale Beef Cronjé Deale Nutribase Silo bag Gerber Boerdery Trust Ian Gerber AFGRI Animal Feeds Cement wall bunker Just Milk (Queensvalley) Steve Moss Strapping & Profile Silo bag Maluti Beef Danbri Saayman Strapping & Profile Silo bag PD Hauff & Son Mark Hauff Pioneer Cement wall bunker Simpson & Son Farming Shane Simpson Meadow Feeds Natal Gravel wall bunker Sparta Beef Sello Ntjoboko Sparta Beef Silo bag Stubbs Farming Partnership (Denleigh) Nick Stubbs Pioneer Gravel wall bunker Westend Landgoed Hano Lombard Nutribase Gravel wall bunker Die hawerkategorie spog ook met fantastiese resultate die jaar en drie van die vier finaliste is voormalige kategoriewenners. Kleingraan (hawer)-finaliste in alfabetiese volgorde: Farm/enterprise name Farmer/producer Entered by Entry type Dassenvaley Johan Mostert AFGRI Animal Feeds Gravel wall bunker De Draay Awie Erasmus Meadow Feeds Paarl Bun/drive-over pile Groenwei Boerdery Bull van Rensburg EC Contracting Gravel wall bunker Ocean Breeze Holsteins JK Basson Nova Feeds Gravel wall bunker Voersorghumfinaliste in alfabetiese volgorde: Farm/enterprise name Farmer/producer Entered by Entry type Berg en Dal Boerdery Pieter Hamman AFGRI Animal Feeds Gravel wall bunker Hurwitz Farming Jarren Hurwitz Hurwitz Farming Silo bag Saamstaan Boerdery (Vyevlei) Elanza Fouché AFGRI Animal Feeds Gravel wall bunker Kuilvoerbale toetskategorie finaliste in alfabetiese volgorde: Farm/enterprise name Farmer/producer Entered by Entry type Exact Silage Burger Marais Kameeldrift Voere Bale JW Nel & Seun Boerdery Kempen Nel JW Nel & Seun Boerdery Bale Saxeni Holdings Emje Ferreira Saxeni Agric Bale Die wenners sal tydens ‘n lewendige uitsending en ‘watch party’ op 3 Desember om 18:00 aangekondig word. Om na die bekendmaking van die finaliste te kyk, klik op die skakel: https://youtu.be/SAf526D0Gk0 Vir meer inligting rondom die kompetisie. 2022 inskrywings, of ander navrae, kontak vir Deidré Louw by 066-231-2430, of deidre@plaasmedia.co.za
https://www.proagri.co.za/finaliste-in-die-santam-landbou-nasionale-kuilvoerkompetisie-2021/
2021-11-12 15:25:47
2021 LNR Meester Suiwelboertoekennings virtueel aangekondig
This post is also available in: English Die jaarlikse Landbou Navorsingsraad (LNR) se Nasionale Meester Suiwelboer toekenningsgeleentheid is op Donderdag 18 November 2021 as ‘n virtuele geleentheid aangebied deur Agri-Expo, namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR. Hierdie gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou. Die toekenningseremonie is geopen deur dr Hilton Vergotine, waarnemende president en uitvoerende hoof van die LNR. Hy het die deelnemers gelukgewens met hul uitstekende prestasie, veral gegewe die ongekende pandemie-omgewing. Dr Vergotine het enkele prestasies uitgelig, naamlik ‘n gemiddeld van 71 boere wat 10 574 koeie per maand getoets het en in totaal 426 tegniese verslae per maand ontvang het. “Drie melkboere het van kleinskaal na semi-kommersieel opgradeer en een van semi-kommersieel na kommersieel,” het dr Vergotine gesê. Die LNR het ook ‘n aanlyn/mobiele funksionaliteit ontwikkel om plaasbestuursverslae te verwerk en ​​te lewer. “Hierdie platform het dit moontlik gemaak dat sleutelinligting geredelik beskikbaar was vir boere, op hul selfone, deur laktasie-inligting, indeks van koeiproduksie-eienskappe en koei-reproduksie-inligting te verskaf,” volgens dr Vergotine. Die virtuele toekennings het ‘n paneelbespreking met Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, ingesluit. Volgens Isaacs is die LNR van kritieke belang vir kommoditeite om vorentoe te beweeg. “My visie vir die LNR is om die voorkeurorganisasie vir landbounavorsing in Suid-Afrika en selfs op die vasteland te wees,” het Isaacs gesê. Sy het ook alle organisasies op die gebied van landbou-ontwikkeling aangemoedig om deel te word van die LNR se agenda om navorsing te doen asook inligting te versprei tot voordeel van almal. Belangstellendes kan steeds die virtuele toekennings kyk by https://www.agriexpo.co.za/arc-masterdairyman-awards/. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente. LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2021: JK Basson (JK Basson Familie Trust, Darling, Wes-Kaap) Foto: Agri-Expo Die wenners van die 2021 LNR se Meester Suiwelboer Toekennings is: LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2021: JK Basson Familie Trust (JK Basson), Darling, Wes-Kaap LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2021: Zim Dairy (Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n Suiwelprodusent 2021: Zim Dairy (Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2021: JJ Nel Familie Trust (Hannes Nel), Ladismith, Wes-Kaap met 108 330 selle / ml LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2021: Middledrift Dairy (Sipho Nondlebe), Middledrift, Oos-Kaap met ‘n tussenkalfperiode van slegs 367 dae. Die finaliste in die onderskeie kategorieë was: LNR streeksfinaliste vir Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2021 Loyiso Consultants Projects (Loyiso Pepeta), Kokstad, KwaZulu-Natal Zim Dairy (Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar en LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n Suiwelprodusent 2021: Nompe Zim (Zim Dairy, Kestell, Vrystaat) Foto: Agri-Expo LNR streeksfinaliste vir Meester Suiwelboer van die Jaar 2021 E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap Van Niekerk Boerdery BK (Willie Van Niekerk), Caledon, Wes-Kaap J & H Sieberhagen / Sieberhagen & Son (John en Henry Sieberhagen), Cradock, Oos-Kaap JK Uys (Kobus Uys), Heidelberg, Wes-Kaap JK Basson Familie Trust (JK Basson), Darling, Wes-Kaap Rhodes Food Group (Jaco Swarts), Simondium, Wes-Kaap Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Heidelberg, Wes-Kaap Middledrift Dairy (Sipho Nondlebe), Middledrift, Oos-Kaap JJ Nel Familie Trust (Hannes Nel), Ladismith, Wes-Kaap Foundation Jersey Farm (Alan en Francis Webster), Weenen, KwaZulu-Natal JF Theron (Jacques Theron), Barrydale, Wes-Kaap Robertson Broers (Gordon Robertson), Karatara, Wes-Kaap Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel ‘n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste, wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname. Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter, wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid, werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal. Vir meer inligting, kontak Hendrik de Waal by DWaalH@arc.agric.za of 082 775 7703. Uitgereik namens die die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR deur Isabeau Botha, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder, Agri-Expo
https://www.proagri.co.za/2021-lnr-meester-suiwelboertoekennings-virtueel-aangekondig/
2021-11-20 00:00:00
Algar-veehanteringstoerusting: Ontwerp deur die boer vir die boer
This post is also available in: English Niemand weet beter as die boer wat die boer se behoeftes en omstandighede is nie. Daarom is daar niemand beter as die boer om vir die boer oplossings te vind nie – ook ten opsigte van veehantering. Dit is hoekom boere so ingenome is met Algar se veehanteringstoerusting – dit is deur die boer vir die boer ontwerp en vervaardig en voldoen aan al die boer se vereistes. By vanjaar se KragDag-landbou-ekspo het boere na die Algar-uitstallng gestroom om die nommerpas veehanteringstoerusting te bewonder, te begeer en te bestel. Die maatskappy se vernuwende toerusting is van die hoogste gehalte en slim uitgedink om in elke veeboer se unieke behoeftes te voorsien. Algar se toerusting word sterk gebou om deurgaans doeltreffend te werk en baie jare te hou Jonathan Toxopeus, verkoopsverteenwoordiger van Algar, sê: “Vinnige en doeltreffende hantering van diere is waarop ons produkte gemik is, met die klem op die veiligheid van die diere en die boer. Behalwe vir die feit dat die toerusting veilig is, bespaar dit tyd, arbeid en dus geld.” Algar se eienaars, Hannes en Carin Nortjé, is trots op hulle toerusting en ontwerp dit self op grond van deeglike navorsing. Hulle toets eers die produkte op hulle eie plaas om doodseker te maak dit werk perfek voordat hulle dit aan ander boere bekendstel. “Ons streef daarna om altyd produkte wat doeltreffend is aan die boer te bied,” sê Jonathan. Algar se verskeidenheid veehanteringstoerusting sluit in weegkratte, verstelbare kratte, verstelbare gange, skaapklampe en -kantelaars, drukgange, nekklampe en weegkratte, lyfklampe, skuifhekke, skuifbare skaap- en beesfuike, gangbrieke en lyfklampe vir KI. Met Algar se veehanteringstoerusting hanteer ՚n boer sy vee kalm, gemaklik en rustig, ongeag die ras of grootte van die dier. Spesiaal om elke boer se sak te pas, bied Algar drie kategorieë beestoerusting aan vir standaard-, lae en hoë diens. Boere se grootste toeloop by KragDag was na die hoëdiensnek- en -lyf-klamp en die skaapkantelaar. Die skaap hibriede krat hanteer skape van alle groottes en werk ook baie goed vir bokke. Nek- en lyfklamp Die hoëdiensnek- en -lyfklamp is hoofsaaklik bedoel vir intensiewe kuddebestuur en absolute beheer. Hy stel die hanteerder in staat om enige deel van die bees se lyf sonder versperring te bereik want hy het elf toegangshekke van die sykante af. Bereik ՚n bees se pote, maag, rug, voorkwart, nek, boud, spene en stert met gemak. Daar is selfs ՚n middelbalk wat verwyder kan word, om op net die regte plek ՚n brandmerk aan te bring. Algar dink aan alles om veeboerdery gemaklik, so gerieflik en so veilig as moontlik vir mens en dier te maak. Verstelbare drukgang Die verstelbare drukgang se gange is spesifiek ontwerp vir tydbesparing en om die werk met jong diere te vergemaklik. Die drukgang het ՚n standaard wydte, maar kan ook verstel word tot 350 mm vir kleiner beeste en 200 mm vir kleinvee. Skaapkantelaar Die skaapkantelaar is verskuifbaar, gebalanseerd en verminder jou arbeid en koste, want hy maak dit vir die boer moontlik om sonder hulp met sy skape te werk. Die skaap kan van enige kant af oploop deur die opgang te skuif, dan word die skaap vasgeknyp en heeltemal onderstebo gekantel. Nou het die boer volle beheer oor die skaap. Net een persoon kan die kantelaar hanteer, en die dier hoef nie op ՚n presiese plek te staan nie – daar waar jy hom vasknyp, daar sal hy kan omdop. Dit maak die proses makliker om jou skaap se kloue te knip, dragtigheidondersoeke te doen of hom te mikskeer. As die boer klaar is, word die skaap teruggedraai en op sy pote neergesit sodat hy rustig en kalm aan die ander kant van die kantelaar af en by die hekkie uit kan stap. Jonathan Toxopeus, verkoopsverteenwoordiger van Algar-veehanteringstoerusting, wys hoe maklik dit is om met die nek- en lyfklamp te werk. Voordele van Algar veehanteringstoerusting: •Arbeidsbesparing •Tydsbesparing •Duursaam en sterk •Nuutste tegnologie •Veiling vir die boer en die dier •Doeltreffende werkverrigting •Laer spanning op die diere Om dit nog makliker vir die boer te maak, kom lewer Algar jou veehanteringstoerusting op jou plaas af. Vir meer inligting, besoek Algar se webblad op www.algar.co.za, kontak Jonathan Toxopeus by 082-324-6256 of stuur ՚n e-pos aan algar@algar.co.za. Kyk ook na Algar se toerusting op agri4all.com.
https://www.proagri.co.za/algar-veehanteringstoerusting-ontwerp-deur-die-boer-vir-die-boer/
2021-11-02 12:48:56
Gebruik energie doeltreffend en bespaar geld
This post is also available in: English Talle uitdagings maak dit moeilik vir boere om jaar na jaar hulle produksie te handhaaf of te verbeter. Oor party van hierdie uitdagings, soos klimaatsverandering en stygende produksiekostes, het die boer geen beheer nie. Dit is ՚n kommerwekkende werklikheid dat die wêreld, met krimpende hulpbronne, nie in staat sal wees om genoeg kos te lewer vir ՚n groeiende bevolking teen die jaar 2050 nie. Daarom is dit noodsaaklik om nou al alternatiewe metodes te vind om in die toekoms voedselsekerheid te bied aan die planet se bewoners. In Suid-Afrika is toegang tot betroubare en bekostigbare krag toenemend ՚n probleem, wat tot gevolg het dat boere na alternatiewe kragbronne uit hernubare energie oorskakel. Besoekers aan die pas afgelope KragDag verstaan hierdie werklikheid en daarom is hulle ingenome met die feit dat Energy Gurus ՚n unieke plan vir elke unieke boer het. Energy Gurus is volstoom besig om die leiersrol in hernubare energie vir die landbousektor oor te neem. Die stigters en eienaars van Energy Gurus is Alexis Barwise en Carel Ballack. Carel se betrokkenheid by die sektor vir hernubare energie strek oor meer as 19 jaar en hy het saam met multinasionale energie-organisiasies strategië ontwik-kel vir dié sektor in Afrika. As stigter van PQRS het hy die mees uitgebreide databasis van sonkraginstallasies in Afrika ontwikkel. Alexis het sy baccalaureusgraad in ingenieurswese (B Eng) in sowel elektriese as elektroniese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal. Hy spesialiseer in kraggehalte en het meestersgraadvakke in sowel kraggehalte as energiebestuur aan die NWU voltooi. Hy dien tans as ՚n aktiewe lid van sowel nasionale as internasionale standaarde en tegniese komitees, soos IEC TC81, SANS 10142-1 en SANS 10313. “Ons het agtergekom daar is ՚n behoefte vir grootskaalse projekte vir hernubare energie, spesifi ek vir die landbousektor, by boere wat byvoorbeeld spilpunte, meulens, melkerye, pakhuise en pompe het,” sê Alexis. “Ons het onlangs ՚n groot projek gehad waar ons GWK se skaapabattoir in De Aar gehelp het met ՚n waterverhittingstelsel ՚n kragopwekker en ՚n fotovoltaiese sonkragstelsel – alles in een. Van daar af het ons meer geleenthede gekry soos die woord onder die boere soos ՚n velbrand versprei het,” verduidelik Alexis. Die skaapabattoir in De Aar wat Energie Gurus geoptimaliseer het. Boere het baie idees van wat hulle wil doen en soms het hulle net daardie raadgewer nodig om die volgende stap te neem – net om seker te maak hulle doen die regte ding op die regte manier. “Ons het ՚n baie sterk ingenieurs-kultuur wat ek glo ons markleiers in die gebied maak in terme van wat ons spesifiek vir ՚n boer kan doen en bied,” voeg Alexis by. “Die grootste voordeel van ons konsep is kostebesparing. Eskom het ՚n konsep ontwikkel wat genoem word “banking”, waar energie wat opgewek word en nie regstreeks benut word nie, geberg kan word. ՚n Sonkragstelsel se potensiaal word nie heel dag ten volle benut nie. Vroeg in die oggend lewer die stelsel slegs 5 tot 10% van sy potensiale energie. Soos die dag verloop word al meer van die potensiaal beskikbaar gestel tot dit weer stelselmatig begin verminder soos die son sak. As gevolg van die wisselvallende opwekkingspotensiaal van sonkragstelsels, en die onreëlmatige verbruik op ՚n plaas, is daar tye wat boere steeds gebruik moet maak van Eskom-krag, en tye waar die stelsel ՚n oormaat van energie opwek. Eskom se bergingsfasiliteit stel boere in staat om die oormaat energie wat deur hul sonkragstelsels opgewek word, by Eksom te berg in ruil vir gratis eenhede wanneer hulle dit benodig,” verklaar Alexis. Dit is ՚n ongelooflike geleentheid vir boere. “Waar die sommetjie nooit werklik sin gemaak het nie, kan ՚n boer nou sy energie meer kostedoeltreffend berg en benut,” sê Alexis. Boere het ՚n groot honger vir hernubare energie en Energy Gurus bied pasmaakoplossings vir elke unieke boerderystelsel. Alexis Barwise van Energy Gurus saam met Bianca Henning van ProAgri by hul KragDag-stalletjie. Energy Gurus se konsep werk volgens ՚n vyfstapproses: • Eerstens word ՚n ontleder vir twee weke aan die plaas se kragtoevoer gekoppel om te bepaal hoe en wanneer die boer krag gebruik. • Daarna word die juistheid van die data met die kliënt se Eskomrekening bekragtig. • Derdens word die kraggehalte gemeet om te bepaal wat die kliënt volgens sy behoeftes benodig. • Alle ondoeltreffendhede word dan gedurende die optimiseringsproses uitgeskakel. • Laastens word die stelsel wat volgens die gegewens benodig word geïdentifiseer en saamgestel. Dit is natuurlik belangrik om toerusting van goeie gehalte te gebruik. Sonkrag is ՚n langtermynbelegging. Maak seker jy koop nie sommer net enige produk nie en dat die stelsel geskik is vir jou spesifieke behoeftes. Om meer uit te vind oor hoe jy met die hulp van Energy Gurus kan bespaar, kontak hulle by info@energygurus.co.za en besoek ook hulle webwerf by www.energygurus.co.za
https://www.proagri.co.za/gebruik-energie-doeltreffend-en-bespaar-geld/
2021-11-03 21:38:26
Geen rede om Vervoermaand in die Vrystaat te vier nie
This post is also available in: English Terwyl die Vrystaatse provinsiale regering gedurende Oktober Vervoermaand “gevier” het, is Vrystaatse boere gedwing om nood padherstelwerk te doen om die lewensgevaarlike toestand van paaie in die provinsie aan te spreek in afwagting op verhoogde verkeer oor die feesseisoen. Volgens dr Jack Armour, Vrystaat Landbou se kommersiële bestuurder, is boere woedend oor die gebrek aan vordering wat gemaak is met die instandhouding van landelike paaie. “Voorbereidings vir die nuwe plantseisoen het begin en vereis die vervoer van verskeie landbou-insette, en gestroopte graan na silo’s. Gewoonlik is die natuur boere se grootste bedryfsuitdaging, maar tans word die padinfrastruktuur die grootste struikelblok vir die Vrystaatse landbousektor se vermoë om voedsel vir die land te produseer. Die verwagte somerreën sal waarskynlik die swak toestand van landelike paaie nog verder versleg.” Volgens Armour is die bestuur van die departement van polisie, paaie en vervoer se begroting en hul aanstelling van onbekwame kontrakteurs die rede vir die krisis. “Begrotings word eers maande ná aanvanklike goedkeuring bestee en dan word kontrakteurs met geen bedryfskapitaal of kapasiteit aangestel om die werk deur die provinsie se kontrakteurontwikkelingsprogram (KOP) en Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) doen.” Armour meld dat daar een voorval was waar ‘n KOP-kontrakteur besig was om die pad tussen Bultfontein en Wesselsbron te merk sonder die behoorlike naamborde, waarskuwingsvlae of weerkaatsende veiligheidsbaadjies. ‘n Motor het in hulle vasgery en twee van die kontrakteur se werkers het gesterf en nog een werker is ernstig beseer. Die departement se gesentraliseerde geel vloot kapasiteit bestaan byna nie meer nie weens gebrek aan instandhouding en swak bestuur. Die staat het ook ‘n tekort aan gekwalifiseerde skraperoperateurs. Boonop word “pik en graaf”-werkers, waarvoor daar begroot is, nie aangestel om stukkende leivore en verstopte afvoerpype te herstel en skoon te maak nie. VL het hierdie en ander sistemiese probleme herhaaldelik binne die provinsiale departement op alle vlakke geopper, tot by die Minister van Vervoer, sonder reaksie. Francois Wilken, president van VL, meen die provinsie se KOP- en EPWP-programme het nie net misluk nie, maar staan uit as die kern oorsaak van die padinfrastruktuur-verval in die provinsie in die naam van “werkskepping”. Wilken sê verder dat ’n swak en vervalle vervoerinfrastruktuur in die Vrystaat die hele landelike gemeenskap drasties raak en ontneem ook mense van kritieke dienste. “Dringende ingryping word vereis. Gegewe die haglike situasie van die paaie, het VL ‘n beroep op die departement gedoen om hierdie skemas te skrap en om terug te keer na ‘n vryemark deursigtige en verantwoordbare tenderstelsel wat voorsiening sal maak vir die indiensneming van bekwame en gekwalifiseerde siviele ingenieursfirmas om die werk behoorlik te doen. Die regerings se taak is nié om meer mense in diens te neem nie, maar om die bemagtigende omgewing te skep waarin landelike ekonomieë kan floreer.” Bron: VL
https://www.proagri.co.za/geen-rede-om-vervoermaand-in-die-vrystaat-te-vier-nie/
2021-11-18 12:48:49
Fnuik jakkals se kind só, sê kenner
This post is also available in: English deur Tisha Steyn Bedreigings kom van alle kante af op die boer afgestorm en roofdierskade is nie die minste van hierdie aansprake op die boer se inkomste nie. Niël Viljoen het die afgelope dertien jaar landwyd navorsing oor die bestuur van probleemroofdiere gedoen. Sy verslag daaroor is vroeër vanjaar bekendgestel. Agtergrond Niël is in die Karoo gebore en getoë en as veeboer weet hy van roofdiere wat nie by ՚n Karoolam sal verbyloop as hulle honger is nie. Hy het reeds in 1991 op sy Karooplaas begin navorsing doen om vas te stel hoe hy deur bestuurstrategieë volhoubaar en winsgewend met vee kan boer ten spyte van die honger ongediertes. Sy uitgangspunt is dat jy moet weet hoe jakkalse en rooikatte se koppe werk voor jy hulle kan bestuur. Die rooijakkals is uitgeslape en ‘n moeilike kalant om te beheer, tensy jy ‘n veelvuldige aanslag volg. Moniteringsplase In 2008 het Niël, wat toe reeds bekendheid as probleemdierkenner verwerf het, Predation Management SA gestig. Hy het by die Nasionale Wol-kwekersvereniging (NWKV) as “predasiespesialis” (roofdierspesialis) begin werk met die doel om intensief navor-sing te doen oor maniere om veeverliese weens roofdiere te probeer beperk. In 2009 het hy sy navorsing na die res van die land uitgebrei. Met die ondersteuning van die NWKV het hy 27 plase in verskillende gebiede in ses provinsies geïdentifiseer as platform vir navorsing. Die plase beslaan ՚n gebied van altesaam 136 214 ha en is in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat geleë. Die doel van die projek is om boere te help om veeverliese te voorkom deur eerstens die kudde ten beste te bestuur om die maksimum aantal lammers groot te kry. As roofdiere steeds ՚n probleem is, word hul getalle met ՚n verskeidenheid metodes bekamp. Dramatiese afname Toe Niël se navorsing op hierdie plase in alle erns begin het, het hy gevind dat veeverliese weens roofdiere in 2008 altesaam 3 320 beloop het. Oor ՚n tydperk van dertien jaar, tot in 2020, het die verliese afgeneem tot 1 133 – ՚n afname van 65,9%. In 2008 is 261 roofdiere wat probleme veroorsaak het, vankant gemaak. Die getal het tot 578 in 2020 toegeneem – ՚n toename van 121,5%. Dit beteken nie dat jakkalse en rooikatte voor die voet verwyder is nie, maar slegs die wat voortdurend veeverliese veroorsaak het. “Jakkalse is slim en kom gou agter dit is maklik om lammers te vang wat in ՚n klein gebied gehou word. Wanneer hulle in groepe jag, is dit vir hulle ook maklik om byvoorbeeld ՚n Anatoliese herdershond te uitoorlê.” Niël skryf die afname in veeverliese toe aan die beheer van roofdiergetalle, maar beslis ook die beter bestuur van kuddes. Dit is vir die boer noodsaaklik dat elke lam wat in ՚n aftasting wys, gespeen moet word. Geïntegreerde bestuurstelsel Die verandering het nie sommer oor­nag gebeur nie – Niël het letterlik jare lank met ՚n geïntegreerde bestuurstel­sel ge-eksperimenteer. Daar is veral gefokus op die beveiliging van ooie en lammers in lamtyd met behulp van jakkalswerende en geëlektrifiseerde heinings om die lam­kampe. Terselfdertyd is die roofdiere deur middel van verskillende dodelike en nie-dodelike metodes bestuur. Die rooikat is naas die rooijakkals veeboere se grootste roofdierprobleem. Drie fases Die bestuurstelsel het in drie fases ontwikkel. Aanvanklik is in die eerste fase sterk gefokus op die verwydering van diere wat probleme veroorsaak, veral met die roep-en-skiet metode, maar daar is bevind dat die metode al­leen nie doeltreffend genoeg is nie. Tydens die tweede fase is besluit om op kuddebestuur te fokus en met die insette van die boere is besluit om veral tydens lamtyd die ooie en lammers met elektriese heinings te beveilig. Gedurende die twee jaar waartydens die heinings opgerig is, het die roofdiere steeds koning gekraai. Selfs nadat van die heinings in plek was, het die uitgeslape roofdiere bloot hulle kos gaan haal waar hulle die lammers steeds kon bykom. Die jakkalse en rooikatte het so astrant geraak dat hulle selfs helder oordag in die omgewing van die skape opgemerk is. ՚n Mens moet in gedagte hou dat landwye droogtes ՚n rol kon gespeel het omdat daar minder natuur­like kos in die veld beskikbaar was. In fase drie is die fokus teruggeskuif na roofdierbestuur, maar slegs diere wat herhaaldelik skade aanrig, is verwyder. Die afgelope vyf jaar was veeverliese weens roofdiere beperk tot 1,7% en Niël skryf dit toe aan die toewyding van die rolspelers in die bedryf met betrekking tot opleiding en samewerking. Elektriese omheinings rondom veral lamkampe hou die probleemdiere weg van lammers, mits die heinings gereeld nagegaan word. Bevrugting versus speenpersentasie In 2008 was die speenpersentasie 75,3%. Dit het in 2020 tot 91,7% toegeneem. “Die speenpersentasie is nog nie perfek nie, maar in samewer-king met die boere en werkers is beslis goeie vordering gemaak,” sê Niël. Speenpersentasie verwys na die aantal lammers wat grootword sodat hulle kommersieel bemark of as vervangings-ooie gebruik kan word. In 2016 was die speenpersentasie vir die eerste keer hoër as die bevrugting­syfer, wat dit duidelik gemaak het dat die benadering van die kudde én roofdiere vrugte afwerp. Die tendens duur voort en volgens Niël kan boere nou begin kyk na die verbetering van die kuddes deur onder meer die bevrugtingsyfer verder te verhoog. Die gemiddelde bevrugtingsyfer vir al 27 plase oor die tydperk van dertien jaar was 89%, wat heeltemal na wense is, veral inaggenome dat kunsmatige en laparoskopiese inseminasie naas natuurlike paring gebruik word. Die lampersentasie oor dieselfde tydperk was 96%. Die hoër syfer kan toegeskryf word aan die meerlinge (twee- en drielinge) wat gebore is. Die gemiddelde speenpersentasie van 83%, wat 6% onder die bevrug-tingsyfer is, is egter steeds nie na wense nie. Dit kan aan verskillende faktore toegeskryf word. Jakkalse en rooikatte is kieskeurig en verkies om lammers te vang (87%), eerder as ooie (13%). Ander faktore sluit droogte, vloede, koue, brand en veediefstal in. Die dramatiese verbetering in speenpersentasie kan toegeskryf word aan die groter getal probleemjakkalse en -rooikatte wat uitgeskakel is. In 2008 is 261 skadeveroorsakende roofdiere verwyder en in 2020 578, wat ՚n toename van 122% is. Die aantal het sedertdien op sowat 520 per jaar gestabiliseer. Die toename in speen­persentasie het vanselfsprekend met koste gepaard gegaan, maar die hei-nings en halsbande kan as ՚n belegging vir die toekoms beskou word. Kennis is mag “Roofdierbestuur gaan nie daaroor dat alle roofdiere voor die voet vankant ge­maak word nie,” beklemtoon Niël. “Dit gaan oor die bestuur en beheer van hierdie diere, eerstens deur kuddebestuur. As dit nie anders kan nie, moet balhorige jakkalse en rooikatte bestuur word.” Vir ՚n suksesvolle lamseisoen moet die heinings in plek wees en daagliks nagegaan word. Die bevindings moet opgeteken word sodat die bestuurstel­sel geëvalueer kan word. Suksesvolle roofdierbeheer sluit kennis in van die probleemdier se biologie, habitat, vang- en vreetgewoontes, asook voorkomende maatreëls en ver­wyderingsmetodes. Voortgesette evaluering van die stelsel is ook belangrik. Boere moet voldoende ken­nis van alle moontlike beheer- en bestuursmetodes inwin en eks­perimenteer met die verskillende metodes om die diere te beheer ten einde uit te vind wat die beste vir elkeen se omstandighede werk. Hou in gedagte dat die roofdiere aanpas en ‘slim’ raak, sodat ՚n herhalende bestuursmetode dalk maklik omseil gaan word. Dit help dus om elke nou en dan ՚n ander benadering te volg. Niël meen die sukses van ՚n kon­trolemetode hang af van die boer se bestuursvermoë en aanpasbaarheid. Hy moet verstaan dat dit wat van­dag werk, dalk môre nie meer van toepassing is nie, want die roofdiere se aanpasbaarheid by veranderende omstandighede is die sleutel tot hulle oorlewing. Drielinglammers: Die ideaal is dat elke ooi meerlinge in die lewe bring, want dit verhoog die winsgewendheid van die veeboerdery. Foto: Annemarie Carsten, Laastedrif Boerdery. Bestuursmetodes Voorkoming is die beste, maar dit moet saam met bestuursmetodes gebruik word. Nie-dodelike metodes bestaan uit kraagbande wat die jakkals afskrik, asook geïnstalleerde ligte, klokke of sirenes. Sommige halsbande beskerm die skaap se keel teen roofdier se slagtande. Naas ՚n menslike skaapwagter, word honde, donkies en alpakkas wat saam met die kuddes loop, ingespan om die roofdiere weg te hou. Jakkalswerende en elektriese heinings en ՚n kraal hou die skape veilig binne. Dodelike metodes sluit giftige hals­bande en jag met die roep-en-skiet metode, honde en vanuit helikopters in. Sagte slagysters en vanghokke wat daagliks nageloop word, kan ook gebruik word. Opleiding en navorsing Volgehoue opleiding van boere en hulle werkers is noodsaaklik, nie net om die probleemdiere te identifiseer en te bestuur nie, maar ook ter wille van biodiversiteit. Die plase is ՚n forum vir voortgesette navorsing. Boere moet veral voort­durend op hoogte gehou word van gedragsveranderings van die jakkalse sodat die bestuursprogram aangepas kan word. Wye belangstelling Volgens Niël het die sukses van die monitorplase nou ook interna­sionaal aandag getrek. Naas die NWKA, word sy werk onder­skryf deur die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging (SASKV), die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), die Predation Management Forum (PMSA) en Wildlife Ranching South Africa (WRSA). Niël het meer as 10 000 mense regoor Suid-Afrika opgelei en hy tree as konsultant op in onder meer Argentinië, die VSA en Australië. Hy tree ook op as adviseur en lektor vir plaaslike boerderygemeenskappe, land­bouskole, universiteite en ander organisasies wat hulp soek met vee- en roofdierbestuur. Kontak Niël Viljoen by nielvil­joen@gmail.com of 082-381-8227, of besoek sy webtuiste by https://nielviljoen.co.za. Verwysing https://www.pmfsa.co.za/imag­es/newsletters/Niel_Viljoen.pdf
https://www.proagri.co.za/fnuik-jakkals-se-kind-so-se-kenner/
2021-11-15 19:45:04
Die derde Ju-Bissch-Ru Charolaisbul- en Simbra-veiling 'n reuse sukses
This post is also available in: English Die derde Ju-Bissch-Ru Charolaisbul- & Simbra-veiling van Ruan Bisschoff wat gehou is op 09 Nov 2021 by Stella veilingskompleks was ‘n reuse sukses. Dit is aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg. Die pryse wat op die veiling behaal is, is ‘n duidelike bewys van die gehalte van die diere wat aangebied was. Die duurste bul, Lot 6, verkoop vir R95 000 aan Stephanie Stols, van Vryburg. Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is was R62 461-54. Goeie vroulike diere is ook aangebied en behaal ook goeie pryse. ‘n Gemiddeld van R27 500 is vir dragtige koeie en kalwers (3-in-1) behaal, koeie en kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R27 202-70, en dragtige koeie is vir ‘n gemiddeld van R20 000-00 verkoop, dragtige verse se gemiddeld was R19 108-10 en oop verse behaal ‘n prys van R15 648-15 gemiddeld. Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Ruan Bisschoff en gasverkopers hartlik geluk met ‘n goeie veiling. Theuns Visser was die afslaer.
https://www.proagri.co.za/die-derde-ju-bissch-ru-charolaisbul-en-simbra-veiling-n-reuse-sukses/
2021-11-11 15:22:13
Soja-mites hokgeslaan: Drooggeroosterde soja kry eie program
This post is also available in: English Oor die jare is soja meestal verkeerd verstaan, verkeerd hanteer, verkeerd verwerk, verkeerd gegeur en verkeerd in die voedselmark bemark en posisioneer. Nou kry die drooggeroosterde sojaboon sy eie kuier-en-kookprogram om eens en vir altyd die waarheid oor die sojaboon met die wêreld te deel. Die eerste episode van die nuutgeskepde 13-episode reeks, Oja! dis So-ja! het op 12 November wêreldwyd eksklusief op die aanlynstromingsplatform NET Afrikaans begin stroom. Suid-Afrika se eie soja-koningin, Riëtte Strydom van Oja! Farms bied die program aan met die vlagskip saadmaatskappy, Pioneer Saad as hoofborg. “Soja is ‘n boon met ‘n heerlike neuterige smaak wanneer dit reg verwerk, voorberei en gekook word. Tog is die sojaboon oor die jare nie juis só geposisioneer of bemark nie. Die sojaboon is bekostigbaar; en omdat dit ‘n uitstekende kompleet proteïenbron is (want dit bevat 9 aminosure en 36% proteïen), het sommige produsente dié plantproteïen op ‘n stadium met vleis begin vergelyk. Geursels is bygevoeg om die sojaboon soos vleis te laat proe … Die tekstuur daarvan is verander deur sojaboonmeel deur ‘n masjien (wat op dieselfde beginsel as ‘n worsstopper werk) te druk; en in die proses het dié tipe verwerkte produkte die sojaboon werklikwaar ‘n groot onreg aangedoen,” sê Riëtte. Om die voedingswaarde van die sojaboon optimaal te benut (én die neutsmaak daarvan te behou), word heel sojabone met dop en al in Riëtte se geregte gebruik. “Altesaam 17% vesel kom in die dop voor, terwyl die plantolie van die sojaboon (waarvan 12 poli-onversadigde vette is) op ‘n gesonde 18% staan. Dié kwaliteite maak die sojaboon natuurlik baie gesond, en word behou deurdat die sojaboon nie tydens die verwerkings- en/of kookproses beskadig word nie,” sê Riëtte. Om die neutsmaak van die sojaboon nog méér na vore te bring, volg Riëtte ‘n spesiale metode waar die sojabone vir 20 minute in warm water geweek; en dan vir 20 minute gekook word. “Daarna kan jy beide slim en ekonomies met die gekookte sojabone (wat tydens die weekproses tot twee en ‘n half keer hul grootte swel) te werk gaan deur dit óf dadelik in disse te gebruik óf dit tot en met 2 weke in ‘n verseëlde plastieksak in die yskas te hou,” vertel sy. Germa Kieser (links) kook en kuier saam met Riëtte Strydom van Oja! Farms in Episode 8 van O-ja! dis So-ja! Gerda is ‘n Tipe 1 Diabeet wat van insulien gebruikmaak. Baanbreker sojaboon-tegnologie word ingespan Nóg iets wat Riëtte anders met haar geregte doen is om nét sojabone (of sojaboonprodukte), wat deur middel van spesiale mikrogolftegnologie drooggerooster is, in haar disse te gebruik. “Wanneer mikrogolftegnologie ingespan word, word die sojaboon nie aangebrand of verbrand nie, maar sorgvuldig drooggerooster. Gevolglik, word ál die goeie eienskappe en voedingswaarde van die sojaboon behou en geaktiveer, én die anti-tripsien (wat veroorsaak dat die proteïen in die sojaboon nie deur die menslike spysverteringstelsel afgebreek kan word nie) heeltemal verwyder,” verduidelik Riëtte. Huidiglik is Oja! Farms die enigste sojaboonprodusent in Afrika wat dié gevorderde tegnologie verstaan en dit op ‘n kommersiële skaal op hul plaas en fabriek naby Middelburg, Mpumalanga, aanwend. “Soja is ongeveer 2 700 jaar terug in ‘n klein deeltjie van China gekultiveer. Die Chinese se kosvoorkeure is heeltemal anders as byvoorbeeld ons Suid-Afrikaners s’n, en om dié rede doen ons sojaboongeregte ‘n groot onreg aan wanneer ons nie daarin slaag om dit volgens óns westerse smake en voedselvoorkeure deurentyd te ontwikkel en verfyn nie,” sê Riëtte. Riëtte het baie van die geregte wat sy op die program stap-vir-stap demonstreer sélf oor die jare ontwikkel en verfyn. Top sojaresepte van lede van die Vroue Landbou-unie (Mpumalanga) is ook met trots ingesluit. “Van gin tot likeur, nagereg en lekkerkies word gemaak,” sê Riëtte. Promosiefoto van die splinternuwe O-ja! dis So-ja! program, waarvan Episode 1 op 12 November op NET Afrikaans begin stroom het. O-ja dis So-ja word met trots geborg deur Pioneer Saad. Omdat sojabone cholesterol-, laktose-, en glutenvry is, kan dit met ‘n geruste hart by verskeie leefstyle se eetplanne ingesluit word om die disse nóg meer proteïenryk, aanloklik en smaaklik te maak. “Die geregte wat ek in die program voorsit is ‘n bewýs dat die sojaboon werklikwaar die voedingswaarde, kleur, geur en tekstuur van jou disse tot hoër hoogtes neem, en dat soja in énige iets van bobotie tot breyani gebruik kan word,” beaam Riëtte. Verskeie gaste (van wie sommige drooggeroosterde sojabone spesiaal in hul dieet insluit om ernstige mediese toestande soos osteoporose, hartsiektes, diabetes of cholesterol te beheer of sekere kankers teen te werk) kook en kuier heerlik saam met Riëtte in die Oja! dis So-ja! kombuis. “Ek kan nie wag om mense wêreldwyd te leer, en natuurlik te wýs wat hul alles met ‘n sojaboon kan doen nie. Dit word nie verniet die wonder goue boontjie genoem nie, en dit is hoogtyd dat mense touwys gemaak word om drooggeroosterde sojabone behoorlik te geniet en te gebruik,” glimlag Riëtte. Pioneer Saad deel Riëtte se uitkyk. “Met die borg van Oja! Dis So-ja! ondersteun ons onomwonde die boodskap wat Riëtte en haar unieke resepte in dié nuutgeskepde kuier-en-kookprogram verkondig aangaande die veelsydigheid van soja en die positiewe rol wat soja nie net nóú nie, maar in die toekoms, in kosvoorsiening kan en sal speel,” sê Tharien Hendrikse, Bemarking- en Kommunikasie Spesialis van Pioneer Saad. Met Oja! dis So-ja! wil Riëtte en haar span die talle gesondheidsvoordele van die drooggeroosterde sojaboon in die kollig plaas en fináál die mites oor sojabone die hokslaan. Bron: Pioneer Saad, Oja! Farms, NET Afrikaans
https://www.proagri.co.za/soja-mites-hokgeslaan-drooggeroosterde-soja-kry-eie-program/
2021-11-19 14:01:25
Die staat se elektrisiteits-monopolie is onvolhoubaar
This post is also available in: English “Beurtkrag gedurende daglig-ure kan voorkom word”, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. “Vir ‘n land met oorvloedige sonlig en onafhanklike krag voorsieners (IPP’s) wat toustaan om son- en windenergie aan die netwerk te verskaf, is dit net onverstaanbaar dat hierdie latente krag nie in die netwerk benut kan word nie.” Die realiteit is dat potensiële elektrisiteitsopwekkings-vermoë in Suid-Afrika reeds bestaan. Die verhandeling en verspreiding daarvan word egter aan bande gelê deur katastrofiese beleide van staatsbeheer, SEB vereistes, tenderpreneurskap en die monopolie van plaaslike owerhede in Eskom. Intussen sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, dat die REIPPP (Renewable Energy Independent Power Producer Procurement-program) uiters suksesvol was. Volgens Armour het hierdie projekte reeds 6.4GW se hernubare energie opgewek, 67 nuwe elektrisiteitsopwekkings-ondernemings geskep en 52 000 werksgeleenthede. Sonder betroubare elektrisiteit word die totale voedselwaardeketting gedwing om gedeeltelik selfvoorsienend te raak teen enorme kapitale koste. Terselfdertyd moet boere steeds ‘n minimum van R2 500 per transformatorpunt per maand betaal vir toegang tot ’n kragnetwerk wat faal. Veral opkomende en kleiner boere kan nie die alternatiewe kragopwekkingsopsies bekostig nie en word aan die genade van ESKOM oorgelaat, wat hierdie boere se produksievermoë beperk. Hierdie omstandighede lei weer tot hoë koste vir die ekonomie en dra ook by tot verhoogde voedselpryse VL ondersteun die oproep dat ‘n onafhanklike bedryfskundige taakspan dringend aangestel moet word om die herstel van bekostigbare en volhoubare energieopwekking, berging en kragvoorsiening te lei om politieke beheer en manipulasie van Suid-Afrika se energiesektor te oorheers. Vir die behoud van voedselsekerheid raak dit egter krities om die staatsbeheerde monopolie of elektrisiteit voorsiening en verspreiding te beëindig. Bron: Vrystaat Landbou
https://www.proagri.co.za/die-staat-se-elektirisiteits-monopolie-is-onvolhoubaar/
2021-11-11 15:07:23
Oorwinning in waterregtesaak
This post is also available in: English Die Hoogste hof van Appèl (die Appèlhof) het bevind dat waterreghouers die reg het om sodanige regte oor te dra ingevolge die bepalings van die Nasionale Waterwet en dat dit nie verbode of onwettig is om handel te dryf in sodanige regte nie. Die hofuitspraak is gelewer deur regter Clive Plasket namens die meerderheid van die Appèlhof-regters (met ’n minderheidsuitspraak deur regter Tati Makgoka). Dit volg nadat die hoërhof in Pretoria drie aansoeke met betrekking tot Lötter-, Wiid- en South African Association of Water Users Associations (SAAFWUA) vir ’n verklarende bevel oor die korrektheid van ’n omsendbrief deur die Departement van Water en Sanitasie (uitgestuur in Januarie 2018) van die hand gewys het. Hierin het die departement bepaal dat watergebruiksregte nie oorgedra mag word nie. Agri SA het van die begin af die regskoste in die Lötter- en Wiid-sake met fondse uit sy Vrywillige Waterfonds gedek. “Die uitspraak is uiters belangrik vir Agri SA en ander partye,” sê Janse Rabie, hoof van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Natuurlike Hulpbronne. “Die vermoë om waterregte wettig ingevolge die bepalings van artikel 25 van die Nasionale Waterwet oor te dra, is noodsaaklik, veral vir die besproeiingsektor. Die oordraagbaarheid van watergebruiksregte ingevolge die Nasionale Waterwet is sedert die begin deur die Departement van Water en Sanitasie beoog en aktief ondersteun.” Die aangeleentheid is eweneens belangrik vanuit ‘n regsoogpunt, veral met betrekking tot oordrag en verhandeling ingevolge die wet, meen Rabie. “Hierdie uitspraak deur die Appèlhof dien as regverdiging vir die posisie wat Agri SA en ander ingeneem het oor die korrekte vertolking van die Suid-Afrikaanse wet.” ’n Moontlike besluit deur die DWS om teen die uitspraak te appelleer, word afgewag. Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/oorwinning-in-waterregtesaak/
2021-11-08 18:09:50
Bokboerdag gee blootstelling aan dié bedryf
This post is also available in: English Boerbokdag of eerder bokboerdag is op 11 November 2021 by Buffelsfontein Beesboerdery-restaurant in Menlopark, Pretoria, gehou om die bokboere van Suid-Afrika te vier. Ná die sukses van vorige dae soos die #GaanJagDag en Volstruisdag, het Saai besluit om voor die einde van die jaar weer so te maak. Bokboere in Suid-Afrika ervaar baie uitdagings of dit nou droogte in die Oos-Kaap is wat die sybokhaarboere knou, bek-en-klouseer wat inheemse bokke en uitvoere kniehalter of People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) wat bokboere gereeld in geheel teiken oor volhoubare en verantwoordelike boerderypraktyke. Die grootste uitdaging is egter die tekort aan bokke vir hierdie groeiende mark. “Baie mense dink sybokhaarbokke kom van skape af. Dit is waarom ons elke geleentheid aangryp om bewusmaking en blootstelling van sybokhare te bevorder. Daar is nog baie groeipotensiaal vir hierdie bedryf,” sê Sanmarie Vermaak van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging. Terwyl gaste heerlik aan die bokspit en bokmelkroomys gesmul het, het Gerhard Lourens van die Inheemse Veldbok-telersgenootskap, die nuutste markneigings en syfers van bokboerdery met gaste gedeel. Hy het die twee bokke vir die spitbraai geskenk aangesien daar volgens hom nog nie so ʼn geleentheid vir bokboere was nie en hy is vreeslik opgewonde vir wat dit vir die toekoms van bokboere kan inhou. Die vraag na kleinvee het tydens COVID-19 in die geheel gegroei en met dit bygesê is daar steeds nie genoeg bokke vir die mark nie. “Baie mense in die stad het ’n vooropgestelde idee oor bokvleis en hier staan ons vandag en mense kan nie glo dat dit nie ’n skaap op die spit is nie. Daar is ’n wanpersepsie dat bokvleis/chevon glad nie gewild is nie omdat ’n mens dit nêrens op winkelrakke aantref nie. Inteendeel, dit is juis die gewildheid van bokke wat veroorsaak dat daar nooit ’n surplus is om in die kommersiële vleismark in te stoot nie,” voeg Lourens by. Daar is talle buitelanders wat in die land woon wat daarvan hou om bokvleis te eet en dit stoot die vraag na bokvleis in restaurante en kettingwinkels op. Geleenthede soos hierdie dag skep blootstelling op elke moontlike vlak om die ras te bevorder en te adverteer. “Daar is steeds baie uitdagings wat toekomstige boere verhoed om die bokmark te betree, maar ons werk daaraan om ons handelsmark uit te bou en om meer mense in te trek om hulle aan die ongelooflike ras bekend te stel,” beaam Alida Dreyer van SA Kalahari Red-klub. Bron: SAAI
https://www.proagri.co.za/bokboerdag-gee-blootstelling-aan-die-bedryf/
2021-11-12 14:55:34
Agri SA verwelkom vroeë aankondiging oor Glasgow-klimaatsooreenkoms
This post is also available in: English Agri SA verwelkom die vroeë aankondiging deur president Cyril Ramaphosa tydens die COP26-klimaatsonderhandelinge in Glasgow dat Suid-Afrika ’n multimiljardonderneming met ontwikkelde lande aangegaan het ingevolge waarvan die land sy hoë koolstof-uitlatings en afhanklikheid van steenkool sal verminder. Die ooreenkoms behels ’n vennootskap tussen die Europese Unie (Duitsland en Frankryk), die Verenigde Koninkryk, die VSA en Suid-Afrika waarvolgens hulp aan Suid-Afrika verleen sal word om weg te beweeg van sy hoë afhanklikheid van steenkool-gegenereerde elektrisiteit. Besonderhede van die ooreenkoms is nog onduidelik in dié stadium, maar dit sluit blykbaar beleggings in van tot R131-miljard oor die volgende drie tot vyf jaar in die vorm van toekennings, konsessie-lenings, asook belegging- en risikodelingsinstrumente (met inbegrip van die mobilisering van openbare-sektor befondsing). “Die implikasie is duidelik dat die ontwikkelde lande ’n vinnige oorgang na hernubare energiebronne verlang en dat hulle Suid-Afrika as ’n sleutel-rolspeler in Afrika beskou,” meen Janse Rabie, Agri SA se hoof van Natuurlike Hulpbronne. Benewens die onlangse aankondiging van 25 voorkeurbieërs in die volgende rondte van Suid-Afrika se verkrygingsproses vir onafhanklike opwekkers van hernubare energie (REIPPPP), is die aankondiging vanuit Glasgow ’n duidelike aanduiding dat Suid-Afrika deel vorm van die wêreldwye tendens om weg te beweeg van fossielgebaseerde energie-opwekking ten gunste van skoner, hernubare energietegnologie. “Hierdie aankondiging het die potensiaal vir aansienlike verdere kapitaalbelegging in Suid-Afrika en word verwelkom deur Agri SA vanuit ’n omgewingsperspektief. Hoëwaarde-landbouproduksiegebiede, in besonder, word nadelig getref deur steelkoolontginning en kragopwekkingsaktiwiteite in Mpumalanga en elders,” sê Rabie. “Terwyl Agri SA bewus is van die implikasies wat dit vir ons mynbousektor inhou, is die globale wegbeweging van fossielgebaseerde kragopwekking onvermydelik en behoort dit verwelkom te word deur alle rolspelers.” Terwyl Agri SA die belangrikheid van hierdie aankondiging besef, moet daar kennis geneem word van die feit dat die klimaatsverandering-onderhandelinge by COP26 eers oor die volgende twee weke in alle erns sal begin. Agri SA sal enige verdere verwikkelinge en aankondigings wat ’n uitwerking op Suid-Afrika se landbousektor kan hê, fyn dophou. Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/agri-sa-verwelkom-vroee-aankondiging-oor-glasgow-klimaatsooreenkoms/
2021-11-04 15:54:02
Die impak van veediefstal
This post is also available in: English Deur Jess de Klerk Veediefstal is ’n emosionele saak vir boere maar die volle impak word nie besef nie. Die meeste boere is apaties teenoor die probleem en word eers kwaad daaroor as daar by hulle gesteel word. Die meeste operasies en patrollies fokus op die “runners” wat vee steel. Daar word ontsettend baie energie, tyd en hulpbronne ingespan deur boere en die SAPD om veediefstal te bekamp maar tans is dit ’n verlore stryd. Ons sal van strategie moet verander om die vlaag van veediefstal te stuit en dit kan slegs gedoen word deur na die omvang, modus operandi van die sindikate en afsetpunte van gesteelde vee te kyk. Wat is die omvang en waarde van gesteelde vee? Daar is jaarliks meer as 131 000 gevalle van veediefstal wat gerapporteer word. Die Vrystaat alleen het jaarliks ongeveer 4 000 veediefstalsake wat gerapporteer word. ’n Beduidende hoeveelheid veediefstalle word nie aangemeld nie aangesien boere voel dat daar in elk geval niks gedoen gaan word nie wat beteken dat daar nog duisende gevalle bygevoeg moet word. Volgens Statistiek Suid-Afrika is die nie-rapportering ten opsigte van veediefstal sowat 70.7%. UNISA beraam die waarde van vee wat gesteel is gedurende 2019/2020 op sowat R 1 179 458 600. Gemiddeld word daar sowat 182 beeste, 282 skape en 138 bokke per dag gesteel in Suid Afrika. Die pad tussen Ficksburg en Senekal is gemoniteer en daar was gemiddeld 40 voertuie met waentjies wat skape vervoer het per maand. Die waentjies het ten minste 30 skape op wat op ’n totaal van 14 400 skape per jaar neerkom wat vervoer word slegs op hierdie roete tussen Ficksburg en Senekal. Waar kom die skape vandaan en waar is die afsetgebied? Die oorgroot meerderheid van die publiek se opinie is dat die vee wat gesteel word in die informele nedersettings gebruik word vir kos. Wanneer ons egter na die syfers kyk is dit duidelik dat daar nie so groot informele mark vir vee bestaan nie. Bheki Cele, minister van polisie, het tydens sy besoek ná die moord op Brendin Horner gevra waarheen die gesteelde vee gaan en hoe die diefstalle plaasvind. Ons het agtergekom dat vee deur “runners” gesteel word wat so min as R500 per nag verdien. Hierdie persone steel genoeg vee om aan die bestelling te voldoen, hierdie vee word dan óf versteek vir ’n wyle óf dadelik op bakkies en waentjies gelaai om versprei te word. Skape wat oorbly ná daar aan die bestelling voldoen is word in die plaaslike informele nedersettings verkoop. Vee word vir etlike kilometers aangejaag en jong lammers wat die proses stadiger maak word summier doodgeslaan. Vee word dan na buurlande en plase vervoer tot die saak afgekoel het. Burgers van Lesotho is baie keer betrokke by veediefstal in die Vrystaat en boere in Lesotho gaan gebuk onder dieselfde sindikate. Waar gaan die gesteelde vee dan heen? Die omvang van veediefstal is net te groot om slegs op die informele mark verkoop te word. Die gesteelde vee word van voor afgemerk en weer in die produksieketting ingebring waar die skape weer op veilings verkoop word aan boere, veespekulante en abattoirs. Veediefstal is dus ’n gespesialiseerde, georganiseerde misdaad. Cele het genoem dat veediefstal net so groot, indien nie groter, impak as transitorooftogte het en daarom moet dit in ’n ernstige lig gesien word. Om veediefstal dus effektief te bekamp sal daar na alternatiewe benaderings of strategieë gekyk moet word. Dit is duidelik dat daar gefokus moet word op die vervoer, afsetpunte, kopers en identifikasie van vee om die hele veediefstalkring te kan destabiliseer. Die Vrystaat se provinsiale SAPD-kantoor het reeds baie in dié verband gedoen. Daar was die afgelope jaar verskeie operasies deur die provinsie gehou. Een van die operasies het behels dat daar vir ’n paar maande voertuie met waentjies wat vee vervoer voorgekeer is om hulle dokumentasie en vragte na te gaan. Talle van hierdie voertuigbestuurders het nie die korrekte dokumentasie gehad nie. Mettertyd het talle van hierdie persone hul eie brandmerke geregistreer en op dokumentasie gebruik, selfs Lesotho-burgers het hul eie geregistreerde brandmerke. Boetes is uitgereik maar was vir verskeie redes teruggetrek of bloot nie betaal nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) weier soms volstrek om hierdie persone te vervolg of skrap sake van die hofrol – hierdie tendens moet ook onder meer dringende aandag kry. Sake wat net teruggetrek of geskrap word maak die harde werk van die SAPD ongedaan en ontmoedig hulle om in die toekoms iets aan hierdie probleem te doen. Veeboere dra op die ou end die gevolge van swak vervolging. Sake word eenvoudig terug getrek en al die harde werk van die SAPD gaan verlore. Vee boere is die wat al die verliese moet dra van swak vervolging. Al hoe die probleem daadwerklik opgelos sal word, is om te verseker dat die oortreders voor die hof gebring word. Dokumentasie en eienaarskap van vee sal noukeurig nagegaan moet word en oortreders moet vervolg word. Veediefstal moet as georganiseerde misdaad ondersoek word, met die nodige kundiges. Wie is die veedief? Dit kan jou buurman, jou plaaslike veespekulant of afslaer wees. Moenie die een wees wat die gesteelde items op die straathoek koop nie. Boere moet verantwoordelikheid neem en hulle vee merk en dokumentasie reg invul anders kan hulle met ’n kriminele rekord sit. Afslaers en spekulante kan nie meer hul skouers optrek en sê hulle het nie geweet nie. Dit is hoog tyd dat die bedryf skoongemaak word. Operasies moet uit multidissiplinêrespanne gevoer word wat die SAPD, misdaadintelligensie, SARS, Departement van Binnelandse sake en landbouveiligheidstrukture insluit. Veediefstaleenhede is nie in staat om dié probleem alleen te beveg nie as gevolg van verskeie redes soos swak leierskap by eenhede, tekort aan personeel en tekort aan die nodige kundigheid. Die SAPD het veral goeie werk in die oostelike deel van die Vrystaat verrig waar afsetpunte en die vervoer van vee gemonitor word om die legitimiteit daarvan te verseker. Verskeie arrestasies en lasbriewe is tydens hierdie operasie uitgereik. Hierdie oortreders moet deur veediefstaleenhede aangespreek word maar hierdie eenhede versuim al jare om hul pligte uit te voer. Die veediewe en sindikate is gewetenloos en gewelddadig en sal nie skroom om te moor nie. Bron: Saai
https://www.proagri.co.za/die-impak-van-veediefstal/
2021-11-12 15:01:40
ProAgri 261
This post is also available in: English “Uit slote en plas, uit die geurende gras, styg ՚n danklied op ten hemel …” So skryf Jan FE Celliers in sy bekende beskrywende gedig, Die Vlakte. Dit sal nog ՚n wyle neem voor daar geurende gras in dele van die NoordKaap en Karoo groei, maar al reën dit nie gras nie, reën dit HOOP! Ons is dankbaar saam met elke boer wat al jare wag vir daardie grys massa vol water om sy koers te vind plaas toe en ons vertrou dit is net die begin. Oor die algemeen word ՚n goeie reënseisoen voorspel. Dit is ՚n lig voor in die tonnel tussen stygende diesel- en ander insetkoste en Eskom se krag wat alweer opgeraak het. Moontlik het die beurtkrag wat elkeen raak ook gehelp om die besoekerstal by KragDag 2021 tot oor die twintigduisend op te stoot. Almal wil graag, soos die Doen-ditself-tema van KragDag aandui, onafhanklik raak van falende staatsinstellings. Eie krag beteken ook gewoonlik hernubare kragbronne soos die son en wind, wat nie net goed vir die sak is nie, maar ook vir ons omgewing. Die konsep van selfstandigheid beteken nie dat elkeen op sy eie alle lewensmiddele hoef te voorsien nie, dit is immers waarom ons sosiale diere is, in gemeenskappe georganiseer wat mekaar kan ondersteun. Met die moderne kommunikasietegnologie hoef ՚n gemeenskap ook nie almal in dieselfde omgewing te woon nie, kyk maar net na al die ondersteuningsgroepe op sosiale media wat gevorm word rondom spesifieke belange. Die ProAgri-gemeenskap kring ook al hoe wyer uit met vriende in vele Afrikalande wat ook ons Engelstalige publikasies lees en deelneem aan die gratis diens wat www.agri4all.com bied om toerusting en tegnologie te adverteer. Al wat jy hoef te doen om deel te word van die gemeenskap is om deel te neem! ProAgri glo daaraan dat inligting gratis aan boere beskikbaar gestel moet word. Gaan kuier gerus op ons webwerf en sosialemediaplatforms soos Facebook en Instagram en voel vry om enige inligting oor tegnologie wat ons daar plaas wyd en syd te deel. Lekker lees aan hierdie propvol uitgawe! Die redaksie
https://www.proagri.co.za/proagri-261/
2021-11-04 10:03:45
Grondeienaars in warm water oor damme
This post is also available in: English deur Tisha Steyn Water bly maar ՚n omstrede hulp­bron. Die owerhede beskou onwettige onttrekking uit riviere in op­vangsgebiede, asook die bou en onder­houd van damme sonder toestemming of goedgekeurde onderhoudsplanne, in ՚n ernstige lig. In die Klein-Karoo word daar nou daadwerklik opgetree om te sorg dat water uitkom waar dit hoort. Onwettige strukture en onttrekkings “Die Stompdrift-Kamanassie Waterge­bruikersvereniging (SKWGV) berei tans talle klagtes oor beweerde onwettige strukture in die opvangsgebiede van die Stompdrift- en Kammanassie-damme voor,” sê Willem Fourie, die bestuurder van die SKWGV, wat op Oudtshoorn gesetel is. “Wettige en beweerde onwettige strukture in ons opvangsgebiede het ՚n geweldig negatiewe uitwerking op die beskikbaarheid van water in ons twee damme. Baie van die water word onttrek voordat dit die damme en be­sproeiingsgebiede bereik, wat veral in die droogtetoestande ՚n uiters nega­tiewe invloed op die landbou het.” Damme in die skema Die Kammanassiedam, wat in 1923 voltooi is, lê 24 km suidoos van Oudtshoorn in die Kammanassierivier. Die dam, wat selde vol is, het ՚n kapasiteit van 40-miljoen kubieke meter. As daar die slag water in die dam is, verskaf dit tot 34 km stroomaf water na ՚n besproeiingsgebied van bykans 10 800 ha langs die Olifantsrivier. Die Stompdriftdam, wat in 1965 in die Olifantsrivier gebou is, is sowat 40 km vanaf Oudtshoorn en sowat 6 km vanaf De Rust. Die dam se maksimum inhoud is 46-miljoen kubieke meter, maar ook dié dam is selde vol. Netwerk van riviere wat die damme en skema voed Om die omvang van die probleem in die halfwoestyn-Klein-Karoo te verstaan, moet ՚n mens kyk na die riviere en hulle sytakke wat die twee damme voed. Die Olifantsrivier, wat die oostelike arm van die Gouritsrivierbekken vorm, ontspring in die Kouga- en Baviaanskloofberge, waar die waterskeiding die natuurlike grens tussen die Oos- en Wes-Kaap vorm. Die rivier vloei van oos na wes tussen die Swartberge in die noorde en die Kammanassieberg in die suide, tot dit aan die oostekant van die Rooiberg by die Gamkarivier aansluit. Die Gamkarivier vloei uiteindelik in die Gouritsrivier, wat by Gouritsmond in die Indiese Oseaan uitmond. Die Olifants se twee grootste sytakke is die Kammanassie- en Trakariviere. Die Kammanassierivier, wat 120 km lank is, ontspring op ՚n hoogte 1 200 m in die Kougaberge. Die opvangsgebied is 155 205 ha. Die Brakrivier en Molen­rivier is die enigste noemenswaardige sytakke. Die Kammanassierivier, wat ook water uit die Kammanassie- en Outeniekwaberge na die Olifantsrivier bring, vloei sowat 2 km oos van Oudtshoorn in die Olifantsrivier en is die belangrikste voedingsbron daarvan. Die Kouka- en Trakarivier vloei uit die Groot Karoo. By Vondeling vloei hulle saam om as die Trakarivier deur Toorwaterpoort by die Olifantsrivier aan te sluit. Die Grootrivier wat deur Meiringspoort vloei, sluit by De Rust by die Olifantsrivier aan. Die suidelike hellings van die Swart­berge voed die Kango-, Grobbelaars-, Nels-, Wynands-, Kansa- en Vleirivier, asook ՚n aantal kleiner strome, wat water na die Olifantsrivier voer. Die Stompdriftdam het tans sowat 5,96% water. Beweerde onwettige strukture “Ons is bewus van talle onwettige strukture, wat damme, pompe en uit­keerslote insluit,” sê Willem. Volgens hom is daar in die Kamma­nassiedam se opvanggebied reeds 838 beweerde onwettige damme, verskeie beweerde onwettige pompe en onwet­tige uitkeerslote, waarvan die finale omvang nog ondersoek word. In die Stompdriftdam se opvangge­bied is na raming sowat 400 onwet­tige damme, asook verskeie onwet­tige pompe en onwettige uitkeerslote, waarvan die presiese omvang nog nie vasgestel is nie. In die sytakriviere onderkant die damwalle, wat ook voedingsbronne vir die SKWGV se skema is, is 560 beweerde onwettige damme, asook verskeie onwettige pompe en uitkeer­slote, waarvan die omvang ook nog ondersoek word. Die opvanggebied van die Gouritsrivier word saam met die Breederivier-opvanggebied deur die Breede-Gourits Catchment Agency (BGCMA) bestuur. Die BGCMA is wetlik verplig om klagtes oor onwettige waterverwante bedrywighede te ondersoek en die opvangsgebiede van die riviere en sy-takke wat die damme voed te polisieer. Volgens Willem is 52 klagtes reeds formeel by die BGCMA aanhangig gemaak. “Ons beplan om die res van die klagtes, sodra ons presiese syfers het, ook by die BGCMA en, waar van toepassing, ook by die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelings­beplanning aanhangig te maak.” Hy sê die ondersoeke word ge­kortwiek deur personeeltekorte by die BGCMA, maar na verwagting sal die werksaamhede in 2022 momentum kry. BGCMA betrek soms die Blou en Groen Skerpioene, wat onderskeidelik water- en omgewingsvergrype ondersoek. Die BGCMA is ook besig met ՚n Validasie- en Verifikasieproses (V&V), wat deur die WNNR gedoen word. Riete is gewoonlik ‘n aanduiding van ‘n vleiland. Só werk die wet Desireé du Preez, ՚n omgewingsim­pakpraktisyn van Greenfire Enviro in George, verduidelik die toepaslike wette. “Kennis van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 1998, Wet 107 van 1998, is van uiterste belang. Hierdie wet lys etlike bedrywighede waarom aansoek gedoen en ՚n omgewings­magtiging verkry moet word voordat daarmee begin word.” Die Nasionale Waterwet 1998, Wet 36 van 1998, moet ook in ag geneem word. “Die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur se bepalings is bedoel om die toepassing van die Nasionale Waterwet te vergemaklik, maar vervang nie die vereiste vir ՚n waterge­bruiklisensie nie,” sê sy. Moenie die rivierbedding versteur wanneer indringerplante verwyder word nie. Onderhoud van damme Dit is nie net die bou van nuwe damme wat boere in die moeilikheid laat beland nie, maar ook die onderhoud van bestaande damme. Volgens Desireé is die gelyste aktiwiteit wat meestal oortree word waar water betrokke is, die Omgewingsinvloed­beoordelingregulasies Lystingskennisgewing 1 van 2014: Aktiwiteit 19. Dié wet verbied die verwydering of plasing van materiaal van meer as 10 kubieke meter in ՚n waterloop, soos wan­neer ՚n dam gebou word of onderhoud aan ՚n bestaande dam gedoen word. “Volgens die Nasionale Waterwet mag geen werk sonder goedkeuring binne 100 m, of die 1:100 jaar vloed­lyn, van ՚n waterbron, of binne 500 m van die grens van ՚n vleiland gedoen word nie.” Sy sê die oewer van ՚n rivier moet beskou word as ՚n strook van 32 m weerskante van die bedding. “Waar lande langs ՚n rivier gemaak is, is die oewer gewoonlik die gedeelte met natuurlike of half-natuurlike plantegroei tussen die land en die rivier, ongeag hoeveel uitheemse indringerplante daar groei. “Moenie dink ՚n waterbron, waterloop of rivier is net ՚n loop met ՚n duidelike bedding nie! Die departemente beskou selfs ՚n klein lopie waar daar nie sig­baar water vloei nie volgens die wet ook as ՚n waterloop.” Hierdie dam word volgens die departement beskou as een wat in ‘n stroom gebou is. Grondeienaars wat onderhoud aan hulle damme doen, maak hulle ge­woonlik skuldig aan die volgende: verwydering van enige materiaal uit die damkom; die invul van ou dammetjies; herstel van vloedskade aan ՚n rivierbedding; uithaal van riete of omgevalle bome uit ՚n rivierbedding; en die ploeg van vleie. “Merk dus maar die vleie duidelik, veral wanneer grond gebreek word vir nuwe of groter lande,” stel Desireé voor. Volgens haar is dit ook noodsaaklik dat ՚n grondeienaar, verkieslik met die hulp van ՚n varswaterekoloog, ՚n onderhoudsbestuursplan moet saamstel wat aan die Departement van Omgewingsake en Waterwese van ՚n provinsie en die Departement van Water en Sanitasie vir goedkeuring voorgelê moet word. Dis beter om ‘n vleiland af te baken voordat met ploegwerk begin word. Ken die definisies Sy sê die betekenis van sekere woorde word dikwels verkeerd vertolk, wat lei tot oortredings. ‘Waterloop’ beteken ՚n rivier of fontein, ՚n natuurlike kanaal waarin water gereeld of onderbroke vloei, of ՚n vleiland pan, meer of dam waarin en waaruit water vloei, asook enige “enige versameling water wat die minister by kennisgewing in die Staatskoerant mag verklaar as ‘n waterloop,” met sy bed en oewers. ‘Vleiland’ beteken grond wat “՚n oorgangsone is tussen droë grond en waterliggame waar die watertafel gewoonlik op of naby die oppervlak is, die grond gereeld met vlak water bedek is, en wat onder normale omstandighede vleiland-plantegroei of plantegroei wat in versuipte grond lewe, ondersteun”. Onderhoudswerk in riviere mag net met ‘n goedgekeurde onderhoudsplan uitgevoer word. Kontakbesonderhede: Willem Fourie, SKWGV: 083-629-0154, of stuur ‘n e-pos aan stomp­kam@absamail.co.za Desireé du Preez, Greenfire Enviro: 082-922-3180, of stuur ‘n e-pos aan Desiree@greenfireenviro.co.za Verwysing: Olifantsrivier, Klein Karoo (2021, Augustus 17) Wikipedia https://af.wikipedia.org/wiki/Olifantsrivier,_Klein_Karoo
https://www.proagri.co.za/grondeienaars-in-warm-water-oor-damme/
2021-11-17 15:03:18
Tuks Landbou Kwekery toer
This post is also available in: English Tuks Landbou het op 17 November 2021 hul eerste kwekery toer gehad. Tuks Landbou het die dag saam Greenhouse technologies spandeer, waar 24 Plantkunde studente op ‘n begeleide toer deur die verskillende kwekerye geneem is. Hier het hulle ‘n verskeidenheid groenhuise, kwekerye en nethuise besigtig en geleer van al die tegnologie en bestuur metodes betrokke by so ‘n instansie. “Ons as Plant- en Grond-studente het baie oor boerdery in die kwekeryveld geleer en dit was baie innoverend om te sien hoe gewasse binne kwekerye verbou word,” vierdejaar B.Agric. student. Tuks Landbou se toer het begin by Safriblue, ‘n maatskappy wat Bloubessies kommersieel plant en voorsien aan uitvoere. By Safriblue se plase het hulle vir elke student ʼn boks bloubessies gegee vir ʼn versnapering en hul het die studente deur die plase gevat en meer verduidelik oor die bloubessie verbouingsproses. Die studente het geleer hoe om hoë vlakke Magnesium in grondwater te beheer deur gebruik te maak van swawelsuur. Semperflora was die volgende stop. Semperflora groei 20 verskillende variëteite somer blomme, asook seisoenale gewasse. Die studente het die proses vanaf die plant van ‘n klein saadjie deur middel van ‘n lugdruk planter tot die oes en verpakking van blomme gesien. Die hoof gedeelte van die toer is by Heuer’s wholesale nursery deurgebring. Heuer’s is ‘n familiebesigheid, wat trots is daarop om kwaliteit plante te kweek. Hullle het ‘n verskeidenheid van blomme, tuin plante en inheemse bome. Al Heuer’s se plante word deur hulself op die terrein voortgeplant vanaf sade of steggies. Heuer’s maak gebruik van verskillende groenhuise, party bevat verkoeling sisteme en ander is insekvry. Tuks Landbou het dan ‘n laaste stop gemaak by Multiplant. Multiplant is ‘n besigheid wat kommersieel saailinge voorsien aan boere. By Multiplant het hulle die studente gewys hoe die proses werk om grond voor te berei vir saailinge om in geplant te word en die masjinerie wat daarmee gepaard gaan. Hulle het die studente dan gevat vir ʼn toer rondom al hulle groenhuise en het gewys hoe hulle gekompliseerde groenhuis werk wat se dak outomaties kan oopgaan om temperatuur te reguleer. “Dit was ‘n baie leersame dag waar studente prakties kon ervaar hoe teorie in die bedryf toegepas word. Ons as Tuks Landbou is trots om aan ons lede sowel as ander landboustudente geleenthede te bied om met die bedryf te netwerk,” Bernard du Preez, voorsitter van Tuks landbou. Die toer was ‘n goeie voorbeeld van hoe Tuks Landbou een van hul sleutel funksies nakom deur studente blootstelling aan verskillende landbou praktyke te bied, buiten dit wat hul op universiteit leer. Baie studente het ook van die geleentheid gebruik gemaak om kontakbesonderhede uit te ruil met die kundiges in die veld, vir moontlike werksgeleenthede. Tuks landbou wil graag vir Greenhouse Technologies en hul kliënte bedank vir die deel van hul onskatbare kennis en ervaring om in ons as toekomstige boere te belê.
https://www.proagri.co.za/tuks-landbou-kwekery-toer/
2021-11-21 16:55:43
Toyota GR Yaris Four Rally: Witwarm, vlymskerp en absolute bestuursgenot
This post is also available in: English Deur DIRK GALLOWITZ As Spiderman ‘n kar was, dan was hy die Yaris GR Four Rally. Oor die byna vier dekades wat ek te doen het met vinnige motors was ek bevoorreg om verskeie peperduur, sommige eksoties, baie supervinnig en meestal kragtige wiele onder hande te neem. Om die baan, op die ooppad en gereeld deur die Bolandse bergpasse was my soeke na bestuursgenot meestal bevredig wanneer ek op vinnige grondpaaie die perfekte balans tussen krag, greep en versnelling kon vind in motors wat almal ook die sinne bevredig in luuks lugversorgde kajuite. Daar was uitsonderlike motors waarvan sommige die sinne verruk het met ontwerp en voorkoms. Ander weer met brute krag en af en toe ook die waarvan ons liefs swyg oor die topspoed wat bereik kon word. Weinig kon egter die uitdagings bemeester van ‘n bergpas of ’n renbaan wat soos ‘n swart slang kronkel en draai, maar ook die asem wegslaan wanneer dit oopketel vasvoetig deur vinnige swiepe, kort draaie en u-bogge op gruis en grond kan dartel en dans. Dit was totdat ons onlangs kennis gemaak het met die 2021 Toyota GR Yaris Four Rally. Nie die kragtigste of die vinnigste in terme van ‘n 0 tot 100kpu lopie nie. Ook nie naasteby ‘n indrukwekkende topspoed nie. Tog is hierdie klein buksie na my mening die beste motor wat ek nog ervaar het in terme van bestuursgenot op teer en grond – en ek herhaal, DIE BESTE! Toyota wou blykbaar ‘n homologasie-model bou vir sy volgende deelname aan die wêreldtydren kampioenskapreeks. Hulle het die witjasse verantwoordelik gemaak vir die ontwerp en bou van die tydrenmotor nadergewink en die Gazoo Racing Yaris padmotor het die wêreld getref! So as jy onder die indruk is dat die GR Yaris bloot ‘n 3-deur Yaris is met groter wiele, sterker enjin en sportiewe bakpanele maak jy ‘n fout. Hierdie is ‘n unieke ontwerp met ‘n klomp verrigtings-onderdele en tegnologiese truuks wat die GR Yaris ‘n baie spesiale Toyota karretjie maak. Die platform is uniek in die sin dat dit uit twee dele vervaardig is. Die voorkant is geleen by die Europese Yaris (anders as die goedkoper en eenvoudiger Asiatiese weergawe wat by ons in SA te koop is) en die agterste helfte wat kom van die platform waarop die nuwe Corolla en C-HR gebou word. Die resultaat is ‘n voorkoms wat lyk soos ‘n 3-deur Yaris met ‘n breër spoor agter wat vet rubber onder uitgeboude bakpanele versteek. Die dak is byvoorbeeld ontwerp vir beter lugvloei en is 9cm langer en word van egte koolstofvesel gemaak om saam met die aluminium deure, enjinkap en agterklap gewig te bespaar. Die totale gewig van die GR Yaris beloop slegs 1280kg! Dit ten spyte van ‘n ingewikkelde aandryfstelsel wat krag na al vier wiele stuur, ‘n hoogs gevorderde veelskakel veerstelsel en spesiale groter (356mm) voorste remskywe met groewe sodat die spesiale rooi 4-suier GR -remskywe beter kan vasbyt. Groot luginlate laag in die hoeke van die voorste buffer sorg vir beter lugvloei en verkoeling oor die remskywe. Spesiale swart 18” BBS allooiwiele met Michelin Pilot Sport 4S rubber rond die agressief sportiewe voorkoms af. Aandrywing is met behulp van ‘n baie spesiale enjin. Die 1.6liter 3-silinder turbo-aangejaagde petrol oond is die wêreld se kragtigste 3-slinder enjin in produksie . Met 198kW en 360Nm wringkrag is verrigting absoluut hoedervel-lekker wanneer jy die 6-spoed handratkas met kort oorgooie deur die toerestrek jaag. Brandstofverbruik het gewissel tussen 11L/100km tot 13,4L/100km na gelang van in watter ritmodus en hoe swaar my voet is. Die 3-silinder enjin het ‘n besondere klank en danksy die turbo en verrigtings-uitlaatstelsel is die hees-sing klank teen hoë toere ‘n verslawende tonikum waarna jy bly hunker wanneer jy nie agter die stuur is nie. Maak die som – 1280kg plus 198kW/360Nm plus 4-wielaandrywing se somtotaal is gelyk aan VET PRET! Die 0-100kpu lopie is amptelik 5,5 sekondes maar dit voel veel vinniger en kom met heerlike drama. Daar is geen turbotraagheid nie, en maksimum wringkrag oorspoel jou soos ‘n onverwagse brander in die vlakwater en bly jou “rol” tot die toereteller die rooilyn tref. Verbysteek met die voet geplant is dartelend gemaklik in 5de rat teen hoofwegspoed! Die kajuit is knap met die agterste sitplekke bloot vir ekstra pakplek as jy soos ek noord van 1,8 meter is. Die klein vet GR sportstuurwiel is sonder fieterjasies en so ook die voorste instrumentpaneel – prakties en uitstekend uitgelê vir optimale funksionaliteit. Die ritinfo wat op die ruit voor die bestuurder geprojekteer is perfek ooghoogte bo die analoog instrumentehuls geplaas wat twee groot ronde wyserplate vertoon. Een vir die toereteller en die ander vir die spoednaald. Tussen die twee is ‘n klein digitale skermpie waarop ritinligting en ander enjindata vertoon soos ondermeer turbodruk en temperatuurlesings vir enjin en olie. Alcantara oorgetrekte sportsitplekke met GR kentekens in die kopstukke domineer die kajuit en bied heerlike steun tydens enige rit. ‘n Draaiknop voor die ratkierie laat bestuurders toe om te kies tussen “ Normal”, “Sport” of “Race”. Krag word na al vier wiele gestuur en kies jy “Normaal” gaan 60% krag na die voorwiele. In “Sport” kry die agterwiele 70%, terwyl “Race” krag 50% tussen voor- en agterwiele verdeel . Na my week met die Toyota GR Yaris Rally is ek oorhoops en totaal verlief op hierdie vlymskerp, witwarm blitsbuks. Na my tyd op die vinnige grondpaaie is ek heeltemal oortuig dit is die beste bestuurderskar (Drivers Car) wat geld kan koop. Selfs teen die stewige verkoopprys van R715 600 is dit wat my betref, ‘n winskoop. So jammer al die voorraad wat na Suid-Afrika gekanaliseer is het reeds eienaars gekry.
https://www.proagri.co.za/toyota-gr-yaris-four-rally-witwarm-vlymskerp-en-absolute-bestuursgenot/
2021-11-17 16:57:28
Prys van brandstof, kunsmis rede vir reuse-kosprysstygings
This post is also available in: English Die reuse-stygings in die prys van voedsel het nie veel te make met die Covid-19 pandemie nie, maar meer te doen met die hoë pryse van brandstof en kunsmis. Die afgelope week se stewige styging in die prys van petrol (R1,21) en diesel (R1,48) om nie eens te praat van die rekordhoogtes van kunsmispryse nie, sit die verbruiker én die boer op die agtervoet. In ’n onlangse verslag van Graan SA word die toename in insetkoste vir mielieboere deeglik uiteengesit. Dit is veral die prys van kunsmis wat ’n groot invloed speel aangesien kunsmis sowat 30% tot 35% van ’n mielieprodusent se veranderlike produksiekoste uitmaak, staan in die verslag. Plaaslike kunsmispryse is tans op rekordvlakke vir stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) het veral die afgelope paar maande skerp toegeneem. Die prys van sade het ook toegeneem. Volgens Graan SA se berekeninge het mieliesaadpryse vir van die gewildste kultivars met gemiddeld 5,6% sedert verlede jaar gestyg, terwyl die gemiddeld van al die mieliekultivars ongeveer 3,3% gestyg het. Sonneblomsaadpryse het op ’n gemiddelde basis met 3,7% gestyg, terwyl sojaboonsaadpryse met 2,6% toegeneem het. Volgens berekeninge deur Graan SA word verwag dat die totale veranderlike koste van mielies ’n gemiddelde styging van tussen ongeveer 20% tot 28% jaar op jaar sal hê. Beraamde produksiekoste vir die 2021/’22-produksieseisoen vir mielieboere in die Oos-Vrystaat is R13 998 per hektaar en in Noordwes is dit R13 109. Inligting deur Aartappel Suid-Afrika verskaf, wys dat vier van die agt streke wat aartappels voorsien teen ’n verlies werk. Produksiekoste vir aartappel-boere per hektaar vir die 2020/’21-seisoen wissel tussen R112 000 en R333 000. Na al die insetkoste in berekening gebring is, kry boere gemiddeld tans R2,24 wins vir ’n 10kg-sakkie aartappels. ANDER PRODUKTE Die afgelope vier na vyf maande is die prys van ’n koolkop sowat R8, en sakke (ongeveer 27kg) met tot 10 koppe per sak is gemiddeld R55. Botterskorsies is R20 per sak van 7kg. Van Julie tot September vanjaar het die boer tussen R50 en R62 vir 10kg gekry. Einde Oktober het die prys vir 10kg op die Johannesburg-mark tussen R46 (medium) en R55 (groot) gewissel. Landwyd is die prys tussen R58 en R48. VOORUITSIGTE As daar na vooruitskattings gekyk word, is aartappelboere van mening dat hulle insetkoste met gemiddeld 30% sal styg wat vanselfsprekend ’n invloed sal hê op die winsgewendheid van die produk sowel as die prys op die mark. Indien die regering nie daadwerklik ingryp en die Eskom-uitdaging aanspreek nie, is dit ’n verdere invloed wat produksie gaan kniehalter. Waar daar nie voldoende kragvoorsiening is om lande te besproei nie, is die gevolg permanente skade op die opbrengs en bring hierdie faktor verdere verliese mee. Die invoer van chemikalieë is ’n verdere probleem. Daar is ’n tekort aan bemestingprodukte wat produksie verder negatiewe beïnvloed. Dan moet die regering ook besin oor die vasstelling van minimumlone. Arbeidskoste veral in landbou word onbekostigbaar as daar na die winsgrens en insetkoste gekyk word. TEN SLOTTE Dit wil voorkom asof elke departement of semi-staatsinstelling op hul eie voortstu om moontlik vasgestelde teikens te haal en geensins die impak op die groter prentjie besef nie. Die Departement van Landbou moet dalk vereis dat geen ander departement enige verhoging van enige aard, wat invloed op landbou het, mag indien alvorens landbou nie eers die bekostigbaarheid geëvalueer het nie. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/prys-van-brandstof-kunsmis-rede-vir-reuse-kosprysstygings/
2021-11-04 16:03:49
Nuutste swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes gaan familieboerderye knou
This post is also available in: English Die Departement van Landbou het onlangs die nuutste vereistes van die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) aangekondig. Die vereistes eis onder meer dat uitvoerboere hul swart ekonomiese bemagtigingsertifikate moet toon saam met hul aansoeke vir uitvoerpermitte. Volgens dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, openbaar die nuutste vereistes van die PPECB en Departement van Landbou ’n fundamenteel gebroke ideologiese en rassistiese uitgangspunt waarbinne Suid-Afrikaanse landbou in ’n kleinerwordende wêreld moet oorleef en presteer. “Dit is onduidelik hoe die Departement van Landbou verwag dat familieboere aan swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes moet voldoen, veral wanneer dit by kwessies soos mede-eienaarskap en mede-bestuur kom. Dit is dikwels ʼn uitdaging vir ’n familie om saam te boer, wat nog te sê ’n vreemdeling uit ʼn ander gemeenskap wat op ʼn familieboer afgedwing word,” sê De Jager. Saai, die Suid-Afrikaanse netwerk vir familieboere, glo dat drakoniese maatreëls soos vervat in die swart ekomoniese bemagtingsvereistes nie voldoen aan die raamwerke wat internasionaal aanvaarbare praktyke definieer binne die Verenigde Nasies en sy agentskappe nie en het daarom in gesprek getree met die Wêreld Handelsorganisasie om die rassistiese onderbou van gedwonge swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls onder hulle aandag te bring. Swart ekonomiese bemagtiging het vir die meeste boere sinoniem geword met korrupsie, magsugtigheid, staatskaping en ekonomiese bevoordeling van ’n klein elite. “Baie boere glo dat dit swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls is wat daartoe gelei het dat ANC kaders hulle in sentrale besluitnemende en winsnemende posisies ingeskuif het in staatsdepartemente en staatsondernemings soos ESKOM die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie, Denel en Landbank en uiteindelik tot die inploffing van hierdie eens vooruitstrewende instellings gelei het,” meen De Jager. Dat swart ekonomiese bemagtiging in die landbousektor onder familieboerderye, wat die ruggraat van die sektor vorm, gediskrediteer geraak het is duidelik uit die swak penetrasie van beide die idee en die praktyk in die sektor. Nie net het die ANC-regering luisterryk daarin misluk om ʼn klas van vooruitstrewende swart boere te vestig nie maar hulle het ʼn totale mislukking van grondhervorming gemaak en daar is bloedweinig van die plase wat onder dieselfde ideologiese raamwerk as swart ekonomiese bemagtiging oorgedra is wat vandag selfonderhoudend of selfs net winsgewend is. “Suid-Afrika beleef ’n ekonomiese krisis waarin ons dit allermins kan bekostig om beleggers af te skrik en daar is niks aantrekliks aan gedwonge vennootskap, eienaarskap of saamwerk in die konteks van die swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls vir landbou nie,” meen De Jager. “Boonop het die departement 10 jaar gelede reeds onderneem om duidelikheid te gee oor hoe swart ekonomiese bemagtiging geïmplementeer moet word op plase wat onder grondeise in die staatskoerant geregistreer is. Boere het reeds meer as ’n dekade gelede gevra hoe beleggers gelok moet word na ’n plaas waarvan die eienaars en gebruikers nie seker is of hulle oor ’n jaar of twee nog op daardie plase sal wees nie.” Daar is grondeise wat reeds in 2002 in die Staatskoerant geregistreer is en 19 jaar later is daar nog geen vordering met die grondeise gemaak nie. Derduisende plase is geregistreer onder vals of ongeldige eise maar lê in die vrieskas van onsekerheid vasgevang. In Saai se interaksie en gesprekke met buitelandse regerings, ambassades en landbou unies elders in die wêreld is almal dit eens dat swart ekonomiese bemagtiging geen sin maak op ’n familieplaas nie en daarom kan Saai nie soos ander landbou unies sy lede aanraai om konstruktief in die PPECB se prosesse deel te neem nie, maar vra eerder ondersteuning om die saak in die howe en internasionale, multi-laterale platforms oor handel en nywerheid te gaan toets. Bron: Saai
https://www.proagri.co.za/nuutste-swart-ekonomiese-bemagtigingsvoorwaardes-gaan-familieboerderye-knou/
2021-11-09 19:08:46
Daar is net een manier om ‘n LEMKEN-oes te kry …Gaan blou!
This post is also available in: English Wanneer die koring geil en goud op die lande staan, weet jy daar kom ՚n goeie oes, maar wanneer daardie selfde koring steeds regop in gelid bly staan teen strooptyd, weet jy jy kry ՚n LEMKEN-oes. By SE Terblanche-boerdery op die plaas Fleur de Luke by Marble Hall is die Terblanche-broers druk besig om te stroop voor die groot reën kom. Dandré Terblanche glimlag breed as hy vertel dat medeboere hom nie glo wanneer hy sê hulle verwag ‘n gemiddelde oes van 7,5 tot 8 ton per hektaar en die koring staan regop en wag om by die stroper in te glip nie. Hulle meen met so opbrengs het koring ‘n geneigdheid om te gaan lê. Die verskil kom in by die plasing van die saad, sê Sias Humphries van AFGRI Marble Hall, wat die LEMKEN-toerusting verskaf. Blackie Swart, streeksbestuurder van LEMKEN SA, verduidelik: “Met die LEMKEN Solitair plant jy in kilogram per hektaar en word jou saad baie eweredig in die rye versprei. Die voordeel van eweredige saadverspreiding in ‘n perfekte saadbed is dat die koringsade gelyk ontkiem en opkom wat mededinging tussen die plante uitskakel.” Dit beteken elke halm is stewig met ՚n sterk ontwikkelde wortelstelsel in die grond geanker. Lucas en Dandré behartig die saaigedeelte van die plaas met gewasse soos koring, sojabone, katoen, tabak, aartappels, klein witbone, mielies en saadmielies, en hulle broer, Jaco, is die sitrusman. Hulle is die derde geslag Terblanche’e wat sedert die vyftigerjare die “kanaalgrond” bewerk. “My pa is ook nog hier, maar hy ry net elke dag deur om fout te soek,” spot Dandré. Sias Humphries van AFGRI Marble Hall, Lucas, Jaco en Dandré Terblanche van SE Terblanche-boerdery, en Blackie Swart van LEMKEN SA, by die LEMKEN Solitair 9-planter wat volgens die Terblanche-broers die grootste verskil op hulle plaas maak. Hulle verklaar die LEMKEN Solitairplanter het 1,1 tot 1,5 t/ha opbrengsverbetering plaas toe gebring – en die koringoes verbeter jaarliks namate bewerking met die ander LEMKEN-werktuie die grondstruktuur verbeter. Fleur de Luke se blou vloot het begin met die aankoop van ՚n 4-meter Karat 9 in 2019 nadat die Terblanche-span die masjiene by Val Boeredag in aksie gesien het. Hulle vertel hulle het vooraf baie navorsing gedoen en met ander boere gepraat, maar daardie demonstrasies het die deurslag gegee. “Die Karat is nie soos ՚n gewone skeurploeg wat net strepe in die grond trek nie; die Karat se bewerking strek oor die totale werkswydte en -diepte van die werktuig. Die aksie gebeur onder die grond met herkonsolidasie wat plaasvind wanneer die rollers daaroor beweeg,” verduidelik Blackie. Die grond op die plaas wissel van hoë tot lae klei-inhoud. Op plekke is selfs sandgruis, maar dit is grotendeels swaar gronde. Die Karat bewerk tussen 600 en 700 hektaar per seisoen teen ՚n gemiddelde werkspoed van 9 km per uur, wat so 25 hektaar op ՚n dag beteken. Die werksdiepte wissel van 250 tot 350 mm, afhangend van die grond, en die Karat doen sy werk gemaklik met 275 kW trekkerkrag. Vroeër het hulle vyf bewerkings per land gedoen, maar nou net drie. Dit bespaar diesel en tyd. Nog ՚n LEMKEN-werktuig op die plaas is die Heliodor 8 wat vroeër gebruik is om hulle eerste Solitair-planter te abba. Die 4-meter Solitair 8 is na die eerste seisoen opgegradeer na die 6-meter Solitair 9 op ՚n Rubin om twee redes: wyer werking en elektroniese in plaas van meganiese uitmeting. “As jy 100 kg saad per hektaar wil plant, dan plant die Solitair 9 presies 100 kg! As ietsie verkeerd gaan, vertel die masjien jou, nogal met ՚n gesiggie wat huil, en jy kan dit vanuit die kajuit regstel,” sê Dandré. Die opgradering het die Heliodor losgemaak vir ander werk. Dandré sê met die Heliodor kan hy vinnig die lande skoonsny en onkruid voor planttyd beheer. “Dit bespaar jou amper ՚n spuitbewerking,” sê hy. Die masjien het min slytasie, lae onderhoud en werk teen 12 km per uur. Waar hy deur is wag ՚n perfekte saadbed en heerlike ryk grond, want die mikrobes werk vinniger om biologiese materiaal af te breek en humus in die boonste plantlaag te plaas. Die volgende LEMKEN wat plaas toe kom is die Rubin 12 vir die insny van digte materiaal, soos die saadmielies wat vinnig plek moet maak vir klein witbone, en die taai tabakstoele wat na die oes agterbly. Die broers is baie tevrede met die ondersteuning wat hulle van die hele LEMKEN-span ontvang. “Ons is nie alleen nie; ons werk almal saam.” Jy kan ook ՚n LEMKEN-oes kry. Kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com, of Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com. Die kantoornommer is 086-267-5720.
https://www.proagri.co.za/daar-is-net-een-manier-om-n-lemken-oes-te-kry-gaan-blou/
2021-11-02 15:41:31
Valtra se splinternuwe BH194 HiTech-trekker: Hier is werkverrigting op ՚n nuwe vlak
This post is also available in: English Die splinternuwe Valtra BH194 HiTech-trekker het behoorlik sy spiere gebult en sy staal gewys op Johannes van der Linden se plaas, Makoeispan in die Lichtenburg-distrik. Johannes boer al sedert 1998 in die Lichtenburg-distrik waar hy oor die jare heen uitgebrei het tot waar hy vandag met ՚n gediversifiseerde boerdery – 500 vleisbeeste, 300 vleismerino’s, mielies, suikerbone en dekgewasse – boer. Johannes plant onder meer 130 ha dekgewasse, 250 ha suikerbone en 550 ha mielies, en begin ook nou met ՚n wildboerdery. “Vroeër jare het die boere altyd gesê jy moet een hektaar hê vir elke bees wat jy aanhou; ek probeer nog daar kom. Die rede waarom ek ՚n gediversifiseerde boerdery het is omdat ek my mieliereste in die winter vir die beeste gebruik en die dekgewasse wat ek plant help baie vir ekstra kos vir die vee. Na die dekgewasse plant ek my mielies met geenbewerking,” sê Johannes. “Vandat ek ՚n klein seuntjie was het ons geleer trekker ry op my oupa se plaas met sy Volvo-trekkers wat vandag meer bekend is as die Valtrahandelsmerk. Ek het vroeër jare altyd my pa se Valtra-trekkers geleen om my kuilvoer te sny en om my boontjies uit te haal en dit is waar die gogga my gebyt het. ՚n Jaar gelede besluit het om my eie Valtra-trekker aan skaf.” Johannes van der Linden van die plaas, Makoeispan in die Lichtenburg-distrik, is honderd persent tevrede met sy Valtra BH194 HiTech-trekker. Al die pompe is maklik bereikbaar onder die kajuit, wat ook versiening vergemaklik. Nadat Johannes deeglik marknavorsing gedoen het, was die Valtra BH194 HiTech-trekker sy eerste en enigste keuse. Die BH194 is uit en uit die beste opsie vir my: prysgewys en wat hy spesifiek vir my boerdery bied. In rand per kW bied hy meer as ander trekkers,” sê Johannes. Valtrac se mense kom graag plaas toe om te kyk wat die boer regtig nodig het en om seker te maak hulle werktuie werk fluks. Hier is Giel Lombaard, verkoopsverteenwoordiger van Valtrac, saam met Johannes van der Linden voor sy nuwe Valtra BH194 HiTech-trekker. Die BH staan vir Brazillian High Power terwyl die getal wat daarop volg die perdekrag voorstel. (194 perdekrag is 139 kilowatt.) Die BH-reeks is beskikbaar vanaf 114 kW tot 155 kW. Geen taak is te veel of te moeilik vir die BH194 HiTech-trekker nie. Hierdie trekker is nommerpas vir Johannes se boerdery spesifiek omdat dit ՚n veeldoelige trekker is wat gemaak is om te werk. “Die trekker is toegerus met outostuur wat baie voordelig vir my boerdery is, veral omdat ek op die rye rip en vir spoorverkeer. Die veelsydigheid van die trekker verbaas my ook elke dag net meer en meer! Ek sny, dis, rip en skoffel met die trekker en selfs as ek agter is met die plantery dan haak ek ՚n planter en plant selfs met hom,”verduidelik Johannes. Johannes sê: “Al die ander opsies wat hy ekstra het is ook ՚n voordeel, ek kan tot kalk strooi met die trekker en het boonop genoeg hidrouliese-olievloei om die take alles moeiteloos af te handel.” Die trekker het baie goeie gewigverspreiding en weeg sowat 10,4 ton, daarom is dit uitstekend om swaar werktuie te sleep,” sê Giel Lombaard, verkoopsverteenwoordiger van Valtrac. Die hidrouliese olie is heeltemal onafhanklik van die ratkasolie. Die vermoë van die hidrouliese oliepomp is 170 liter per minuut, wat verseker dat werktuie wat op die trekker se hidrouliese werking staatmaak altyd perfek werk. “Die brandstofverbruik is baie beter as dié van ander trekkers wat saam met die BH194 in die lande werk. Hy werk heelwat langer as die res van die trekkers voordat ek weer diesel moet ingooi,” sê Johannes. “Met die BH194 kan ek meer hektaar per dag doen as met sy voorganger. Die presisietoerusting wat by die trekker ingesluit is, stel my ook in staat om meer hektaar doeltreffender en meer ekonomies te bewerk.”՚n Mens sou dink dat so ՚n gevorderde trekker ingewikkeld is om mee te werk, maar o nee: Alles aan die trekker is prakties, logies en eenvoudig. Johannes sê: “Ek kon my trekkeroperateurs vinnig touwys maak met alles binne en buite die kajuit. Hulle werk maklik en gerieflik met die trekker.”Die BH194 het groter vensters vir beter sigbaarheid en die funksionele uitleg in die kajuit maak alles maklik bereikbaar sodat take op die plaas binne japtrap en sonder onnodige operateursuitputting afgehandel word. Nog ՚n voordeel van die trekker en vir sy operateurs is die spoedbeheerfunksie wat ook bydra om die brandstofverbruik laag te hou.Die spoedbeheer sorg dat jy altyd genoeg krag teen die laagste enjinomwentelinge het. Die HiComfort-kajuit van die BH194 HiTech-trekker met sy GPS-skerm, outostuur en drie-spoed outomatiese wisselkragtransmissie. “Vir gemoedsrus kan ek soggens die spoedbeheer vooraf vir die operateur instel, wat dan verseker dat die trekker heeldag teen die regte enjinomwentelinge rip of skoffel,” sê Johannes. Wat hierdie reeks anders as die vorige een maak, is die verskil in koppelaars. Die vorige reeks het nog die droë koppelaar gehad teenoor hierdie een se nat koppelaar. ՚n Groot voordeel van die nat koppelaar is dat die koppelaar baie langer hou, veral met kragaftakkerwerk.Die nuwe Valtra het ’n verbeterde sesspoedratkas met groter, sterker ratte. Daar is ook ’n driespoed-kragwisselaar wat beteken dat die trekker dus 18 ratte vorentoe en agtertoe het. Die veelsydige trekker het ook vorentoe-en-truskakeling deur ՚n gerieflike hefboompie langs die stuurwiel. Binne-in die AGCO Power-enjin is die komponente presies dieselfde as dié van die Valtra-trekkers wat van Finland af ingevoer word. “Die feit dat die BH194 HiTech-trekker dieselfde enjin en agterstel as die vorige generasie T-reeks trekkers uit Finland het, wat wêreldbekend is vir hul betroubaarheid, stel boere gerus dat daar meer as genoeg onderdele in voorraad is om goeie naverkopediens te verseker,” sê Giel.“Ek sal beslis die BH194 HiTech-trekker vir enige ander boer aanbeveel,” sê Johannes tevrede. Die vorm van die gewigrame stel die BH-HiTech-trekker in staat om korter te krink en ratser te werk. “Hierdie trekker staan nie terug vir enige ander trekker in sy klas nie. Veral as ՚n mens kyk na sy prys per kW, besef jy dat die BH194 HiTech jou die beste waarde vir geld bied.” Johannes gebruik sedert 2003 Valtrac se werktuie. “Die diens wat ek al die jare vanaf Valtrac ervaar, is onverbeterlik. Geen wonder boere noem dit legendariese diens nie, want Valtrac sorg dat jy ononderbroke aan die boer bly. Sou daar dalk ՚n probleem wees, dan kom die tegnici dadelik uit plaas toe om dit reg te stel, en onderdele is altyd beskikbaar.” Daar is drie hidrouliese kleppe en ’n terugvloeiklep, maar meer kleppe kan bygevoeg word as die boer dit nodig het. Daar is ook vloeibeheer op al die kleppe. Al Valtrac se mense is boeremense wat die boer se saak verstaan. Skakel Valtrac vandag nog by 056- 817-7308, stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting of om jou nuwe BH-HiTech-trekker te bestel.
https://www.proagri.co.za/valtra-se-splinternuwe-bh194-hitech-trekker-hier-is-werkverrigting-op-%D5%9An-nuwe-vlak/
2021-11-03 17:44:37
Kabeldiefstal veroorsaak chaos by Johannesburg-mark en ondermyn produkgehalte en -veiligheid
This post is also available in: English Die Johannesburg-varsproduktemark ervaar sedert 26 Oktober 2021 ernstige uitdagings as gevolg van kabeldiefstal. “Die gebrek aan elektrisiteit het ook ’n rampspoedige uitwerking op die gehalte en veiligheid van landbouprodukte,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA. Die kragtoevoer is nog nie herstel nie. “Dit is onaanvaarbaar vir ’n mark wat daagliks landbouprodukte aan 15 miljoen mense lewer.” Agri SA doen ’n beroep op die burgemeester en stadsraad van Johannesburg om alles in hul vermoë te doen om kragvoorsiening aan die mark te herstel. Daarbenewens moet die nodige sekuriteitsmaatreëls in plek wees om diefstal van elektriese kabels in die toekoms te voorkom. “Tydens kragonderbrekings is die mark nie in staat om krag aan die koelkamers te voorsien nie. Dit beteken dat hierdie koelkamers sedert 26 Oktober 2021 sonder krag sit, met rampspoedige gevolge vir landbouprodukte. Die waarde van voorraad in die koelkamers word geraam op tussen R30 miljoen en R61 miljoen.” Die temperatuur in die koelkamers moet ±2°C wees. Weens die gebrek aan elektrisiteit, is die temperatuur tans bó 10°C. “Dit het ’n erg nadelige uitwerking op die varsheid en gehalte van produkte wat in koelkamers geberg moet word.” Rypwordingskamers ervaar dieselfde probleem, aangesien rypwordingsiklusse ernstig hierdeur geraak word, met massiewe verliese vir produsente weens onder meer swak rypwordingsgehalte. Hierdie verliese word geraam op ongeveer R500 000 per dag. Die mark het opwekkers wat slegs krag aan verkoopslokale voorsien. Dié kragopwekkers word snags afgeskakel en agente moet hul eie kragopwekkers gebruik vir beligting. Dit het ernstige veiligheidsimplikasies, aangesien dit gevaarlik is om in die donker te werk en ’n risiko vir werknemers inhou. Van der Rheede wys daarop dat kabeldiefstal deurlopend voorkom en die saak is reeds by verskeie geleenthede met die stad se administrasie opgeneem. “Tydens onlangse vergaderings is addisionele veiligheidsmaatreëls aangevra by sekere plekke waar kabeldiefstal gereeld voorkom.” Agri SA vra vir onmiddellike optrede en versoek stadsbeamptes om kragvoorsiening aan die Johannesburg-mark te herstel, aangesien ondermyning van die veiligheid en gehalte van landbouprodukte teenstrydig is met die Wet op Landbouprodukstandaarde. “Agri SA doen dus ’n beroep op die Stad van Johannesburg op dringend in te gryp en om kragvoorsiening aan die mark te herstel, te handhaaf en te beskerm. Produsente betaal 5% op alle verkope oor aan die Stad van Johannesburg, wat R450 miljoen per jaar bedra, en verwag dus dat die mark in ’n goeie werkende toestand sal wees. Hulle verwag diens!” Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/kabeldiefstal-veroorsaak-chaos-by-johannesburg-mark-en-ondermyn-produkgehalte-en-veiligheid/
2021-11-01 13:35:32
MPO: Voorspoed vorentoe
This post is also available in: English In die proses van herstrukturering by die MPO, was die organisasie genoodsaak om die personeeltal met bykans 60% te verminder. Om te groet bring altyd hartseer, maar die organisasie het besluit dat dit vir hul belangrik is om op gesellige wyse erkenning aan hierdie mense te gee wat vir baie jare steunpilare binne die MPO was. “Ons is dankbaar vir dit wat julle deur die jare vir die MPO en sy lede beteken het, jul bydraes was van onskatbare waarde.” So het Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof van die MPO, die groepie personeellede gegroet. Colin Wellbeloved, voorsitter van die MPO-direksie het dit beaam en namens die boere dankie gesê. Hy het sy hoop uitgespreek dat dit met elkeen van die mense voorspoedig sal gaan in wat ook al hul in die toekoms mag aanpak. ’n Klein geskenkie as blyk van die organisasie se waardering is aan elkeen persoonlik oorhandig. “Die oogmerk van die herstrukturering is om ’n meer vaartbelynde , buigsame organisasie wat gefokus is op die bedryf se kernfunksies vir sy lede daar te stel. Die MPO sal steeds waardevolle markinligting verskaf wat aan lede ’n stewige platform bied vanwaar koop- en verkooptransaksies kan plaasvind. Ons visie is om op gedissiplineerde wyse sakeontwikkeling na te streef en sodoende die mark uit te brei,” aldus Colin Wellbeloved. Ten spyte van die hartseer wat met so ’n groetery gepaard gaan, het oud-kollegas gesellig saam gekuier, herinneringe gedeel en toekomsplanne bespreek. Vind die MPO aanlyn: Webwerf: www.mpo.com | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA |Twitter: @MilkMpo UITGEREIK DEUR AGRICONNECT Geskryf deur Hanlie du Plessis
https://www.proagri.co.za/mpo-voorspoed-vorentoe/
2021-11-16 15:18:52
Sterk privaatsektor se hand om hulp te verskaf, vra TLU SA
This post is also available in: English In sy eerste mediumtermynbegrotingsrede het minister van Finansies, Mnr. Enoch Godonwana, die belangrikheid van die privaatsektor verskeie kere uitgewys, maar Suid-Afrika se beleidsomgewing skep egter nie ’n vertrouensomgewing vir dié sektor nie. Mnr Godonwana soek privaatsektor beleggings, vennootskappe om befondsinggapings vir verskeie projekte van die Ekonomiese Herbou en Herstelplan te vul en hulp om die land se werkloosheidkrisis aan te spreek. “As die regering die privaatsektor se hulp nodig het, moet hy dié sektor se hande losmaak met ’n beleidsomgewing wat vertroue inboesem. Daar is dan nie meer plek vir dinge soos onteiening sonder vergoeding nie, ook moet weggedoen word met SEB wat inderdaad kader-ontplooiing impliseer wat kundigheid tekorte veroorsaak,” het Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder gesê in reaksie op die mediumtermynbegrotingsrede. “Die regering hou daarvan om stellings te maak soos strukturele hervormings in die ekonomie. Wat word daarmee bedoel? Is dit om na gesentraliseerde sosialisme en kommunisme te beweeg? Of is dit om in ’n omgewing van privaatbesitreg en mark gerigte ekonomie die nodige aanpassings te maak en so vertroue te skep vir entrepreneurs om positief te wees en om aktief in die ekonomie betrokke te raak?” Mnr. Van Zyl is dankbaar vir die aankondigings oor die belangrikheid om korrupsie, misdaad, deursigtige tenders, opleiding aan te spreek. Dit is egter die feit dat sowat 27,8 miljoen mense in die land sosiale toelaes ontvang, wat die rooiligte laat flikker. “Die hoeveelheid sosiale toelae is buite perke. Dit is nie volhoubaar nie gegewe die swak ekonomiese groei, die land se skuldlas en rommelstatus. Die regering moet besef jy kan net iets uitdeel, as jy dit self het! Die regering is inderdaad besig om in die praktyk ons land in ’n sosialistiese bestel in te bestuur.” Mnr. Van Zyl was ook bly om die verwysings na die stabiele energievoorsiening te sien. “Dit is baie belangrik dat die privaatsektor so gou as moontlik met gemak betrokke raak in die opwekking van elektrisiteit. Dit is wat die verskil gaan maak.” Die land se skulddienskoste is nie-diskresionêr – met ander woorde, ons kan nie vermy om dit te betaal nie. Die effek daarvan is dus ander bestedingsprioriteite word afgeskeep. Skulddienskoste sal na verwagting van R269,2 miljard in 2021/22 tot R365,8 miljard in 2024/25 styg. Dit is hoër as die begroting vir gesondheid en polisiedienste. ’n Positiewe aspek volgens die Minister is die belastinginvordering wat op kort termyn verwagtinge oortref het. Inkomste vir 2021/22 word nou geraam om R1,5 triljoen te bereik, vergeleke met R1,4 triljoen ten tyde van die 2021-begroting in Februarie. Dit is ‘n opwaartse hersiening van R120,3 miljard. Daar is ook bykomende befondsing aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Polisiedienste toegeken. Daar is oor die algemeen gevoel dat die regte kwessies geïdentifiseer is, maar of die regering die vermoë het om te kan lewer – inaggenome jarelange kader-ontplooiing – word bevraagteken. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/sterk-privaatsektor-se-hand-om-hulp-te-verskaf-vra-tlu-sa/
2021-11-12 15:14:55
IRR maak beswaar teen verlenging van ramptoestand
This post is also available in: English Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van Cogta, se verlenging van die nasionale ramptoestand tot 15 Desember 2021 is skadelik en strydig met feite. Die afgelope maand was Suid-Afrika se Covid-19-sterftes tien keer minder as wat dit tydens die tweede golf was. Tans is daar gemiddeld 0,6 sterftes per dag, per miljoen mense. Dít, in teenstelling met die dodetal van meer as 6 mense per dag, per miljoen mense tydens die tweede golf. Soos die grafiek hieronder illustreer, het Suid-Afrika tans die laagste aantal Covid-19-sterftes en -getalle op rekord sedert die hoogtepunt van die eerste golf. Hierdie feite toon dat, teen die agtergrond van ʼn werklik kritieke Covid-19-bedreiging in die verlede, die huidige situasie nie ʼn nasionale ramptoestand noodsaak nie. Trouens, algehele sterftes (nie as gevolg van Covid-19 nie) is tans ʼn honderd maal groter as Covid-19-sterftes die afgelope maand, volgens Statistiek Suid-Afrika se data. Die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) en ander afwykings van die grondwet wat op “ramp” gebaseer is, lei nasionale wetgewers se aandag van hierdie sterftes af. Gabriel Crouse sê: “Om dit ʼn ramptoestand te noem, is absurd … dit vererger rampvoosheid, wat beteken as buitengewone maatreëls in die toekoms vereis word, mense minder geneig sal wees om dit ernstig op te neem. Die seun wat ‘wolf-wolf’ geskree het, het dit besef, maar Dlamini- Zuma nie.” Die IRR plaas die verlenging van die nasionale ramptoestand binne die breër tendens van magsmisbruik deur die Cogta-ministerie. Hierdie misbruik is vroeër in Augustus 2021 gedemonstreer toe minister Dlamini-Zuma probeer het om die uitstel van nasionale munisipale verkiesings af te dwing. Die IRR se waarneming dat haar proklamasie irrasioneel was, is deur die konstitusionele hof bevestig. Net soos in die verlede, sal die minister nie sonder openbare druk van haar uitvoerende supermagte afstand doen nie. Die IRR se prokureurs het verlede week aan die presidensie geskryf en gevra of die NCCC aan selfs die mees basiese vereistes van professionele staatsgedrag voldoen, insluitend die invul van ʼn bywoningslys, die bewaring van vergaderingnotules en ʼn formele struktuur van stemming oor gevolgtrekkings. Tot op hede het die IRR geen antwoord op hierdie mees basiese vrae ontvang nie. Soos Crouse opmerk, verskans die verlenging van die ramptoestand “die bevelsraad bo en buite strukture van parlementêre toesig, en normaliseer dit die idee dat Suid-Afrika via die bevelsraad ʼn regering het wat om ʼn onbegryplike rede oor sy mense regeer.” Bron: South African Institute of Race Relations
https://www.proagri.co.za/irr-maak-beswaar-teen-verlenging-van-ramptoestand/
2021-11-16 20:09:22
Amerikaanse wetsvoorstel moet overnamedrift big tech inperken
https://fd.nl/politiek/1418644/amerikaanse-wetsvoorstel-moet-overnamedrift-big-tech-inperken
David Ryks, 64
https://www.crowrivermedia.com/onlinemarketplace/tributes/obituaries/david-ryks-64/article_eea12cbe-4d4e-11ec-88d6-2f04fc784f82.html
2021-11-24 11:49:00
IRR maak beswaar teen verlenging van ramptoestand
Die woordvoerder en mediahoof van die SA Instituut vir Rasse Betrekkinge (IRR – South African Institute of Race Relations), Michael Morris, sê in ‘n mediaverklaring dat die minister van Cogta, Nkosazana Dlamini-Zuma, se verlenging van die nasionale ramptoestand tot 15 Desember 2021 skadelik en strydig met feite is. Morris wys daarop dat die afgelope maand was Suid-Afrika se Covid-19-sterftes tien keer minder as wat dit tydens die tweede golf was. Tans is daar gemiddeld 0,6 sterftes per dag, per miljoen mense. Dít, in teenstelling met die dodetal van meer as 6 mense per dag, per miljoen mense tydens die tweede golf. Soos die grafiek hieronder illustreer, het Suid-Afrika tans die laagste aantal Covid-19-sterftes en -getalle op rekord sedert die hoogtepunt van die eerste golf. Hierdie feite toon dat, teen die agtergrond van ʼn werklik kritieke Covid-19-bedreiging in die verlede, die huidige situasie nie ʼn nasionale ramptoestand noodsaak nie. Trouens, algehele sterftes (nie as gevolg van Covid-19 nie) is tans ʼn honderd maal groter as Covid-19-sterftes die afgelope maand, volgens Statistiek Suid-Afrika se data. Die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) en ander afwykings van die grondwet wat op “ramp” gebaseer is, lei nasionale wetgewers se aandag van hierdie sterftes af. Gabriel Crouse sê: “Om dit ʼn ramptoestand te noem, is absurd – dit vererger rampvoosheid, wat beteken as buitengewone maatreëls in die toekoms vereis word, mense minder geneig sal wees om dit ernstig op te neem. Die seun wat ‘wolf-wolf’ geskree het, het dit besef, maar nie Dlamini- Zuma nie.” Die IRR plaas die verlenging van die nasionale ramptoestand binne die breër tendens van magsmisbruik deur die Cogta-ministerie. Hierdie misbruik is vroeër in Augustus 2021 gedemonstreer toe minister Dlamini-Zuma probeer het om die uitstel van nasionale munisipale verkiesings af te dwing. Die IRR se waarneming dat haar proklamasie irrasioneel was, is deur die konstitusionele hof bevestig. Net soos in die verlede, sal die minister nie sonder openbare druk van haar uitvoerende supermagte afstand doen nie. Die IRR se prokureurs het verlede week aan die presidensie geskryf en gevra of die NCCC aan selfs die mees basiese vereistes van professionele staatsgedrag voldoen, insluitend die invul van ʼn bywoningslys, die bewaring van vergaderingnotules en ʼn formele struktuur van stemming oor gevolgtrekkings. Tot op hede het die IRR geen antwoord op hierdie mees basiese vrae ontvang nie. Soos Crouse opmerk, verskans die verlenging van die ramptoestand “die bevelsraad bo en buite strukture van parlementêre toesig, en normaliseer dit die idee dat Suid-Afrika via die bevelsraad ʼn regering het wat om ʼn onbegryplike rede oor sy mense regeer.”
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/18/irr-maak-beswaar-teen-verlenging-van-ramptoestand/
2021-11-18 12:06:05
Ysterberg Voortrekkers vier 90ste bestaansjaar met deurnagpartytjie
Die Ysterberg Veldkornetskap, die plaaslike tak van die Voortrekker Kommando, het Vrydagaand 22 Oktober 2021 die organisasie se 90ste bestaansjaar gevier met ’n deurnagpartytjie wat in die KunsteGrot in Thabazimbi aangebied is. Die Voortrekkerbeweging is 90 jaar gelede op 30 September in Bloemfontein gestig met ’n handjie vol mense. Vandag is die Voortrekkers die grootste Afrikaanse jeugbeweging met ’n dinamiese voetspoor van Otjiwarongo tot Kaapstad en van Richardsbaai tot Upington. Oor nege dekades heen het die Voortrekkers diep spore in die Afrikaanse taal, kultuur en erfenis getrap. Elke Voortrekker Kommando is geleentheid gebied om hierdie 90ste verjaarsdag op hul eie manier te vier. Heel gepas, met Covid-19 inperking steeds van krag, het Ysterberg Veldkornetskap besluit op ’n Neon90-partytjie wat die aand reeds om 19:00 met ’n maskerparade afgeskop het. Die KunsteGrot is vir die partytjie in die donker gehul met swart draperings teen die mure en voor deure met slegs ’n paar ultraviolet neonligte vir beligting. Die effek was dramaties met die talle veelkleurige neonversiersels wat regdeur die teater aan die swart draperings vasgeheg is. Die Voortrekker kinders en volwassenes na afloop van die maskerparade teen die agtergrond van die neon muurversierings wat die hele teater vol gehang het. Karin en Danie Naudé van die Ysterberg Veldkornetskap saam met die twee beoordelaars van die maskerparade, Anastasia (links voor) en Debbie. Die Neonmaskerparade het vir heelwat pret gesorg toe die Voortrekkers voor die beoordelaars hul gesigmaskers moes afwys. Hierna het elke Voortrekker geleentheid gehad om hul eie hamburger te bou en vanaf 21:00 is daar tot middernag allerhande speletjies gespeel. Hierna het die middernagflieks begin wys en die kinders het die een na die ander aan die slaap geraak. Saterdagoggend sesuur is almal wakker gemaak met koffie en Milo met beskuit en koekies waarna almal moes help opruim, soos na enige ander kamp. Die opwindende deurnagervaring sal lank onthou word. Die Covid-19 inperking het die gereelde Voortrekkerbyeenkomste kwaai in die wiele gery. Weens die feit dat die inperking-bepalings beweging en kontak vir so lank verbied het, kon die gereelde byeenkomste nie meer gehou word nie en moes lede talle projekte met die hulp van hul ouers tuis voltooi. Dit het tot gevolg gehad dat belangstelling begin taan het en die tragiese feit dat sommige ouers hul werk verloor het, het Ysterberg gedurende die tydperk sowat 20 lede verloor. Gedurende hierdie tyd is daar meer op plaaslike en nasionale projekte gekonsentreer om die lede besig te hou. So het Ysterberg vir hulle winterprojek die Sop-in-’n-bottelprojek aangepak. Met die projek is 90 sopbottels met droë sopbestanddele gevul en onder vier behoeftige organisasies versprei. Verder het hulle daarin geslaag om 90kg plastiekproppies, wat deel vorm van ’n rolstoelprojek, bymekaar te maak. Ysterberg het hulle proppies aan Rustenburg Magalies-oord Kommando geskenk om hulle proppies aan te vul. Nog ’n hoogtepunt was die Kommando Kamp wat op Klipbokkie in die Kransberg gehou is. Tydens die kamp is heelwat projekte aangepak terwyl almal die vars en skoon berglug en die Klipbokkie staproete kon geniet. Die Ysterberg Voortrekkers is tans besig met hul Anglo-Boereoorlog kenteken. As deel hiervan was daar ’n beplande besoek aan die Voortrekker Monument. Die uitstappie sal dalk gekanselleer moet word weens vervoerprobleme. Ysterberg Veldkornetskap sluit die jaar op 24 November af met ’n toekenningsaand en begin hul 2022 aktiwiteite op 12 Januarie met ’n prettige Waatlemoenfees. Die Voortrekkers is ’n nie-winsgewende kultuurorganisasie waar vrywillige ouers/volwassenes hul vryetyd gebruik om die gemeenskap se kinders te leer aangaande hul eie kultuur en geskiedenis deur uitstappies te reël, kentekens te doen en ook pret te hê. Dit verg betrokkenheid, omgee, en diensbaarheid in ons plaaslike gemeenskappe om hulle voor te berei as die leiers van more. Dis sente omdraai, moue oprol, vasbyt en harde werk. Die beloning is pret, kameraadskap en avontuur. Ouer-betrokkenheid is hier van kardinale belang. Vir meer inligting besoek hulle webwerf: www.voortrekkers.co.za Indien kinders, hul ouers of ander volwassenes belangstel om deel van die organisasie te word, kontak gerus vir Karin Naudé by 083 996 3237 of stuur e-pos aan: kp.naude@gmail.com
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/04/ysterberg-voortrekkers-vier-90ste-bestaansjaar-met-deurnagpartytjie/
2021-11-04 15:49:06
Doringdraadduwwels vier hul mondigwording by KunsteGrot
Drie studente het 21 jaar gelede voortrekkerrokke aangetrek, FAK-liedere begin sing, die Kampustalentfees aan die brand gesing en besluit die verhoog is ‘n lekker plek. Dis 21 jaar later en die drie, Mari van Jaarsveld, Yolande Srauss en Heleen van Schalkwyk het nog nooit ophou sing nie. Saterdagaand 6 November het die Doringdraadduwwels hulle mondigwording gevier met ‘n vertoning in die Kunstegrot op Thabazimbi. Die eerste helfte van hul vertoning was ‘n heerlike, lewendige Jazz-ensemble, wat die gehoor net lus gemaak het vir nog. Daarna is ‘n heildronk ingestel en het hul almal verras met ou – en nuwe treffers uit die FAK. Hul vertoning was epies, dit het die storie vertel en sommige het dit as outentiek beskryf. Die rede is voor die hand liggend: Vir 21 jaar, soos reeds genoem, kom drie dames bymekaar, gooi ‘n show, trek blink rokke aan, smeer hul lippe rooi (hierdie keer het Juane Olivier gehelp en dit baie professioneel gedoen) en sing hul harte uit. Die Doringdraadduwwels in aksie op die KunsteGrotverhoog. Die Doringdraadduwwels, van links Yolandi, Mari en Heleen, het Saterdagaand 6 November hul mondigwording op die KunsteGrotverhoog kom vier. Saam met Rita na afloop van die vertoning: Van links Chani (klavier), Heleen, Rita (KunsteGrot), Yolandi en Mari. Dinge gebeur egter nie altyd volgens plan nie en al was hul ten volle voorbereid op beurtkrag wat 9uur sou inskop, het ‘n lekker Bosveld-reënstorm die krag wreed uitgeskop na die eerste helfte. Na 21 jaar van konserthou moet jy ook kan kophou – so skielik as wat die krag uitskop, skop dit in: THE SHOW MUST GO ON – En daar sing hulle toe verder – unplugged, in kerslig, by die klavier. Bo die gedreun van die reën op die sinkdak, kon mens steeds die harmonieë van die drie stemme en die bekende klanke van vervloë dae hoor; en darem ook die blink van hul rokke in die flou lig sien. Dankie aan Rita wat die Duwwels hierheen gebring het en die Thaba-gehoor. Duwwels, julle was sterre. Chanie Jonker, die pianis, het geskitter en het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Oor een ding stem almal luidkeels saam – die verhoog bly een van ons gunsteling plekke, en om teater te laat voortleef sal ons kultuurvrate altyd die ekstra myl loop.
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/18/doringdraadduwwels-vier-hul-mondigwording-by-kunstegrot/
2021-11-18 10:39:15
Eksamentyd en moeg? - Medhof kan help
Die laaste skof van die jaar het vir die matrikulante asook ander grade en diegene op Kolleges en Universiteite aangebreek. Eksamens lê soos ’n berg voor jou, jy is moeg, lusteloos en kan nie aan die gang kom nie. Moenie alleen voel nie, hierdie is maar tipiese spanningsimptome as jy voel alles raak te veel. Kom gesels met jou apteker by Medhof Apteek Daar is ’n oplossing om jou konsentrasie, fokus, produktiwiteitsvlakke en leervermoë te verbeter deur slegs ’n paar aanvullende vitamiene en minerale. Moenie net die eerste, naaste aanvulling of vitamiene op die rak gryp nie, kom gesels gerus met Medhof se aptekers om leiding te kry deur jou simptome te bespreek en raad te kry oor die vitamiene en aanvullings wat jou gaan baat. Verskeie Vitamiene B aanvullings is beskikbaar, gesels gerus met jou apteker hieroor om die beste kombinasie te kry. Mense met Vitamiene B tekorte se leervermoë is laag, hulle sukkel met genoeg energie en word maklik afgelei van hul onderwerp. Die beproefde Vitamiene C is volgende wat jou indirek gaan help om beter te fokus en help met jou stres-vlakke. Indien jou dieet reg is maar jy sukkel steeds met fokus- en konsentrasie-vlakke moet jy dalk kyk na vitamiene D3. Hierdie vitamiene is krities vir gesonde senuwee-funksies asook vir meer as 200 liggaamsprosesse, waaronder gemoedstoestand. Omega-3 Vetsure is die heilige ark van vitamiene en daarom word aanbeveel dat jy dit daagliks moet inneem. Die lys van liggaamlike funksies wat hierdeur ge-optimiseer word, is veelvoudig. Dit verseker dat jy langer kan konsentreer, verbeterde geheue en jou vermoë om ingewikkelde take te bemeester en uit te voer. Lae-vet diëte kan ernstige Omega-3 vetsure tekort veroorsaak, wat op sy beurt weer tot probleme soos fokus en konsentrasie aanleiding kan gee. Moenie magnesium vergeet nie. Dit verlaag stres-vlakke en het ’n kalmerende invloed, presies wat jy nodig het om op jou studies te konsentreer. Onthou dat die volgende net so belangrik is om jou breinkrag te ontwikkel: Doen oefening aangesien dit die verbindinge na jou breinselle versterk. Breinkrag word verder versterk deur sink, jodium, Vitamiene B6 en B12 asook Omega-3. Om jou balans te hou, onthou om nie jou vriende te vergeet nie – moet dit net nie oordoen nie. Selfs ’n sinvolle gesprek met iemand vir so min as 10 minute daagliks help reeds om jou brein verder te optimiseer en verbeter geheue. Sorg dat jy genoeg slaap kry, en voordat jy jou studies aanpak na die oggend se eksamen-sessie, laat jou self toe om ’n kragslapie – “power nap”, nie langer as 30 minute nie, te neem. Jy sal verfris opstaan met nuwe krag en konsentrasie om weer te begin studeer. Terwyl jy na die eksamenlokaal stap, neem ’n ander roete om jou gedagtes af te lei van die komende toets.
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/09/eksamentyd-en-moeg-medhof-kan-help-2/
2021-11-09 15:59:06
Kommer oor uitbraak van Covid-19 infeksies by myn
Die Limpopo LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het sy kommer uitgespreek oor die skielike toename in Covid-19 infeksies by die Exxaro Steenkoolmyn op Lephalale met bykans 60 gevalle wat oor die vier laaste dae aangemeld is. Woensdag alleen is daar agtien gevalle aangemeld. Volgens Ramathuba is dit kommerwekkend dat die meerderheid van diegene wat simptome toon en positief getoets is, nie ingeënt is nie. Diegene wat wel ingeënt is toon swak simptome en isoleer net hulself tuis. “Hierdie gebeur terwyl alle pogings aangewend word om inentings aan alle werkers by hul werksplek te bied. Die wittebrood is eersdaags verby met die vierde golf wat ’n werklikheid word en almal moet hul by die Covid-19 voorskrifte hou,” het hy verder toegevoeg. Hy het ook genoem dat diegene wat nie hulself wil laat immuniseer nie hulself moet inperk deur van samekomste af weg te bly. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/25/kommer-oor-uitbraak-van-covid-19-infeksies-by-myn/
2021-11-25 14:21:01
ATKV en SAVF trakteer Bosveld Oord inwoners
Die ATKV Thabazimbi-tak en die plaaslike Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het Donderdag 4 November kragte saamgesnoer en die inwoners van Bosveld Oord in Thabazimbi met ’n heerlike braaivleis onthaal. Die ATKV het vir die finansiering gesorg terwyl die SAVF die arbeidskrag verleen het. Net na 10 uur is die vuur aan die brand gesteek om solank kole te maak. Teen 11 uur was al die gaste in die gemeenskaplike sitkamer waar die geleentheid geopen is en Rita Volschenk, voorsitter van die ATKV Thabazimbi-tak, haar boodskap gelewer het. Die kleuters van Allo Kykie kleuterskool het daarna hul vertoning gelewer wat bestaan het uit ’n gesamentlike voordrag en verskeie opbouende liedjies wat hulle gesing het. Verdere kleur is aan die liedjies verleen met slaginstrumente en danspassies met veelkleurige linte. Die geesdrif waarmee die kleuters dit uitgevoer het, is duidelik bewys van die positiewe invloed van vroeë basies musiekonderrig met danspassies en slaginstrumente. Dit was duidelik dat die ouer mense hierdie kontak en vertoning met die kleuters baie geniet het waarna daar gesellig saam gekuier is. Teen 12 uur was die vleis gereed en kon die inwoners heerlik smul aan die heerlike varktjops en wors wat saam met pap-en-sous asook slaai bedien is. Elke inwoners teenwoordig het ook ’n vrugtesappie ontvang wat hulle saam met die ete kon geniet. Die Allo Kykie kleuters saam met hulle toesighouers. Links is Janitha van Breda en regs Joan Keyser. Die ATKV lede en vrywilligers van die Thabazimbi SAVF is op die foto voor van links: Annemarie Oosthuizen, Rita Volschenk en Janine Koekemoer. Van links agter: Yvonne Lindeque, Linda Grobler (ATKV organiseerder asook lid van SAVF), Jakkie Vos, Annali Connear, Christelle Barnard, Marika Vorster en Sharon Botes, die nuwe maatskaplike werker by SAVF Thabazimbi.
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/13/atkv-en-savf-trakteer-bosveld-oord-inwoners/
2021-11-13 07:27:38
Suid-Afrika beweeg na ’n laer-middel inkomste land
Suid-Afrika se ekonomie is besig om in ’n vorteks van afname ingesuig te word, sodanig dat die land teen die einde van hierdie dekade ’n laer-middel inkomste land gaan word. Dit beteken dat die inkomste van die gemiddelde inwoner tot so ’n mate afneem dat die land deur die Wêreldbank vanaf die hoër-middel inkomstegroep afgegradeer word na die laer-middel inkomstegroep. Die Wêreldbank het ekonomieë in vier groepe opgedeel naamlik laag, laer-middel, hoër-middel en hoë-inkomste lande. Hierdie klassifisering word baseer op die Bruto Binnelandse Produk per capita, of te wel, die land se totale inkomste verdeel om die aanduiding van die teoretiese inkomste per inwoner te bepaal. Jonathan Katzenellenbogen van Daily Vriend, wys daarop dat volgens die raadgewende firma, Eunomix, se model aantoon dat Suid-Afrika die status van laer-middel inkomste reeds teen 2028 gaan bereik. Die hoofrede vir die land se afgradering na laer-middel inkomste is ’n direkte refleksie op die ANC se heerskappy weens sy onvermoë om groei aan te wakker en hervormings deur te voer. Die daling in die land se per capita inkomste is vir die afgelope paar jaar reeds sigbaar besig om te daal sonder die gebruik van die Eunomix-model. Oor die afgelope sewe jaar het dit beduidend afgeneem en met die Covid-19 inperking het dit skerp gedaal. Die langdurige en periodieke Covid-19 inperking bepalings oor die afgelope twee jaar het die ekonomies groeikoers ver onderkant die bevolkingsaanwassing gedwing wat beteken dat die aanwas in bevolking neem vinniger toe as die ekonomies groei. Dit beteken dat die per capita-inkomste verder daal aangesien dit nou onder meer mense verdeel moet word. Volgens die Nasionale Tesourie vooruitsigte gaan die ekonomie vanjaar met 5,1 persent groei as daar ontslae geraak word van die streng Covid-19 inperking. Ongelukkig toon die vooruitsig op slegs 1,8 persent groei vir volgende jaar en 1,6 persent vir die jaar daarop. Die artikel sluit af deur te sê dat deur behoorlike beleid en hervorming, Suid-Afrika as ’n ontluikende ekonomie wel ’n groeikoers van meer as 5 persent per jaar sal kan handhaaf. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/26/suid-afrika-beweeg-na-n-laer-middel-inkomste-land/
2021-11-26 09:40:41
Geskiedenis herhaal by Plaasjapie
Die geskiedenis het ’n wye draai geloop om homself op dieselfde perseel te herhaal, maar onder ’n ander naam, met die optrede van William Blackrose Saterdagaand 6 November by Plaasjapie Restaurant op Thabazimbi. Blackrose het 15 to 20 jaar gelede bietjie uitgewyk na die platteland en sodoende by Squirrels, op die perseel waar Plaasjapie restaurant nou is, beland waar hy gereeld opgetree het. Uit die staanspoor was hy ’n gewilde keuse – Blackrose is nie net ’n sanger wat op die kroegverhoog klim en ’n paar van sy treffers sing nie. Hy weet behoorlik hoe om sy gehoor te lees en by sy vertoning te betrek. Squirrels was basies ’n lekker kuierkroeg met ’n DJ wat vir die musiek gesorg het. Lank gelede het Zak van Niekerk gedurende sy beginjare elke eerste Woensdag van die maand vir lekker langarm dansmusiek in die kroeg gesorg. Soos Zak met sy bekfluitjie beter bekend geraak het, het die besoeke aan Squirrels nie meer so gereeld plaasgevind nie en William Blackrose is ingetrek wat toe een van die min lewendige kunstenaars was wat daar opgetree het. Blackrose se eerste treffer het die treffersparade reeds in 1997 getref, wat maak dat hy meer as 35 jaar in die musiekbedryf agter die blad het. William Blackrose se optrede die naweek was vir baie van die gereelde kliënte van Plaasjapie ’n nuwe ondervinding. Uit die staanspoor het jy besef dat hierdie iets nuuts was. Blackrose maak nie net op sy kitaar en basies klankbane staat nie, maar neem ook ‘loops’ op terwyl hy musiek maak en bring dit by die bestaande klankbaan in. Saam op die verhoog voor die mikrofoon het hy sy eie klawerbord, perkussie met simbale en dromme asook ’n bekfluitjie gehad wat glad nie deel van enige klankbaan uitgemaak het nie. William Blackrose saam met Marily en Johan, eienaars van Plaasjapie Restaurant. Ronel en Hennie Westerman, getroue ondersteuner van jare gelede se optredes in Squirrels, saam met William Blackrose. As gevolg van die rugby wat op die grootskerm by Plaasjapie vertoon is, het hy bietjie later met sy optrede begin. Nadat die rugbyondersteuners die eerste helfte van die Springbokke teen Wallis gekyk het, het hy die atmosfeer getoets. Die meerderheid het hul vertroue in die Springbokke gestel en met die rugby se klank iets van die verlede het William Blackrose oorgeneem en gewys wat hy aan die gehoor kan bied. Dit het ondermeer ’n paar van Elvis se liedjies ingesluit en toe hy sy ou treffer “Walk Away” ophaal, het die meeste mense besef dat hulle eintlik vir William Blackrose baie goed ken. Sy vertoning het groot bygeval gevind met talle bekende treffers en gou is die tafels bietjie opgeskuif om meer plek op die dansvloer te maak. As liedjieskrywer en komponis vir verskeie bekende sangers, het Blackrose sy eie klankateljee waarmee hy voornemende en bekende sangers op hul loopbane gehelp het. Hierdie kunstenaars sluit ondermeer Patricia Lewis, Ray Dylan en Pieter Koen in.
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/08/geskiedenis-herhaal-by-plaasjapie/
2021-11-08 18:33:07
Seuns herenig met ouers na ontvoering
Drie weke nadat hulle op pad skool-toe ontvoer is, is die vier Moti broers weer met hulle ouers, Naazim en Shakira Moti, herenig. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Vish Naidoo, het ’n plaaslike inwoner van Vuwani Woensdagnag die polisie gekontak en gesê dat die kinders by die inwoner se huis opgedaag het nadat hulle in ’n nabye straat afgelaai is. Volgens Naidoo is ’n dokter gereël wat bevestig het dat die kinders blakend gesond is, voordat aan hul ouers oorhandig is. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/11/seuns-herenig-met-ouers-na-ontvoering/
2021-11-11 05:11:44
DA verkla Blade Nzimande by VN
Die DA LP en Kiesafdelingshoof: Stellenbosch, dr Leon Schreiber, sê in ‘n mediaverklaring dat die Demokratiese Alliansie (DA) ’n klag by die Verenigde Nasies se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (UNESCO) aanhangig gemaak het teen die Suid-Afrikaanse regering en die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande. Die DA versoek met die klagte dat die Verenigde Nasies (VN) ingryp om Nzimande en die regering te dwing om Afrikaans sowel as die Khoi-, San- en Namatale as volwaardige inheemse Suid-Afrikaanse tale te erken in die nuwe Taalbeleidsraamwerk vir Hoër Onderwys. Volgens UNESCO se klagteprosedure moet die Suid-Afrikaanse regering binne drie maande reageer op die DA se klag dat Nzimande se klassifisering van hierdie tale as “uitheems” artikels 26 en 27 van die Universele Verklaring van Menseregte verbreek. Hierdie artikels stipuleer dat almal die reg op opvoeding het, dat hoër onderwys vir almal beskikbaar moet wees op grond van meriete, dat onderrig gebruik moet word om “begrip, verdraagsaamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe te bevorder” en dat almal die reg het om vrylik aan die kulturele lewe van hul gemeenskap deel te neem. Die DA glo dat die haatlike klassifisering van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale as “uitheems” al hierdie waardesverbreek. Die doel van Nzimande se Taalbeleidsraamwerk is om “inheemse tale as tale van die akademie, onderrig, leer en kommunikasie aan Suid-Afrikaanse universiteite” te ontwikkel en versterk. Die uitsluiting van sekere tale uit die definisie van “inheemse tale” beteken dus dat hierdie tale uitgesluit word uit die beleid se pogings om Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel en versterk. President Cyril Ramaphosa het ook reeds erken dat Afrikaanssprekendes “bang en bekommerd” is oor die implikasie van die wanklassifisering. Die rede hiervoor is dat die klassifisering van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale die indruk skep dat die sprekers van hierdie tale op die een of ander manier “uitheems” of “vreemd” is aan Suid-Afrika, en dus nie werklik hier hoort nie. Hierdie poging om sekere landsburgers as “vreemd” te klassifiseer druis lynreg in teen artikel 26 se stipulasie dat onderwys gebruik moet word om “begrip, verdraagsaamheid en vriendskap” te bevorder. Laastens sal die Taalbeleidsraamwerk ook daartoe lei dat die regering minder hulpbronne beskikbaar maak aan tale wat hulle beskou as “uitheems.” Daardeur sal die sprekers van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale ontneem word van die hulpbronne wat hul benodig om die kulturele lewe van hul gemeenskappe te onderhou – in direkte teenstelling met artikel 27 van die Universele Verklaring van Menseregte. Die DA is genoop om hierdie klag te lê nadat dit duidelik geword het dat die regering weier om hierdie wanklassifisering reg te stel. Die DA het reeds drie maal aan Nzimande geskryf met die versoek om die definisie reg te stel. Ons het ook ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien, ’n openbare petisie oorhandig en aan President Cyril Ramaphosa daaroor geskryf. Die regering het gekies om hierdie pleidooie te ignoreer – wat ons met geen ander keuse laat as om die internasionale gemeenskap te nader om hulp nie. “Ons versoek aan die VN beklemtoon ook die dringendheid van die saak. Die nuwe Taalbeleidsraamwerk tree in Januarie 2022 in werking, en ons hoop dat die internasionale gemeenskap ons sal help om die regering te dwing om voor daardie datum Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale as volwaardige inheemse tale te erken wat ook geregtig is op ondersteuning en erkenning.”
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/16/da-verkla-blade-nzimande-by-vn/
2021-11-16 15:10:47
Slegs politici baat by die Glasgow ooreenkoms
Die siniese interpretasie van die Glasgow ooreenkoms waartydens miljarde dollars in toegifte en lenings aan Suid-Afrika beskikbaar gestel gaan word om sy afhanklikheid van steenkool vir kragopwekking uit te skakel, is dat president Cyril Ramaphosa die land se disfunksionele kragnetwerk aan die rykste lande verkwansel het. ’n Stap wat die gevaar skep dat dit ons vir die res van ons leeftyd in donkerte gaan dompel. Ingevolge hierdie ooreenkoms sal Suid-Afrika se steenkool gedrewe kragstasies voor die geskeduleerde tyd moet sluit aangesien die uitfasering van steenkool nou bespoedig moet word. Terwyl Ramaphosa geteken het dat die land vinniger van sy steenkool afhanklikheid gespeen moet word, is dit die teendeel van wat die ander ondertekenaars in hul eie lande doen. Die Verenigde State van Amerika is tans juis in die proses om sy steenkoolverbruik op te stoot en alhoewel Boris Johnson nadruk lê op die feit om van steenkool af weg te beweeg, is die Verenigde Koninkryk besig om meer steenkool te verbrand in reaksie op energietekorte wat die prys van krag in die land opgejaag het. In Duitsland het die bydrae van wind-krag tot die nasionale netwerk van 29 persent tot 22 persent gedaal terwyl die konvensionele energie bronne gestyg het met steenkool alleen wat se bydrae to 27 persent gestyg het. Ramaphosa het hierdie ooreenkoms, om Eskom se kragstasies toe te maak, onderteken op die tydstip dat Suid-Afrika sy Vyftiende jaar van Beurtkrag binnegaan met die moontlikheid dat daar, buiten die meer as ’n miljoen werkgeleenthede wat reeds vernietig is, daar sowat nog 350 000 in die slag gaan bly weens die afname in ekonomiese groei indien hierdie beurtkrag verder voortgesit word. Nieteenstaande die feit dat die kragstasies oud en oneffektief is, is dit al wat Suid-Afrika het. Om hulle te sluit om die voorstanders van die ‘groenes’, internasionale eko-fanatici of buitelandse regerings tevrede te stel is gelykstaande aan ’n daad van ekonomiese selfvernietiging. (Sien ook ‘Nog kragstasies is enigste oplossing’ by Related onderaan hierdie artikel – Geplaas 31 Augustus 2012 – Kwêvoël) Wind- en sonenergie het hul eie tekortkominge soos te min wind of te min son. Daar gaan dan geen ander vorm wees om op terug te val indien daar ’n tekort aan opwekkingsvermoë mag ontstaan nie. Suid-Afrika het nie die ondersteuning van sy buurlande soos die Europese lande nie waar, indien hulle ’n tekort aan krag ondervind, hulle krag van so ver af as Rusland kan invoer, hetsy dit opgewek is deur kernkrag, steenkool, hernubare-energie of selfs natuurlike gasbronne. Lees gerus die oorspronklike artikel soos gedra deur “Daily Friend” en BizNews hier onder by Read More. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/18/slegs-politici-baat-by-die-glasgow-ooreenkoms/
2021-11-18 04:35:49
Robbie Wessels treffer by Plaasjapie
Robbie Wessels, bekende Afrikaanse sanger en akteur, het Vrydagaand 29 Oktober by Plaasjapie Restaurant in Thabazimbi opgetree en weereens bewys dat hy steeds as Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaars sy gehoor kan vasvang. Natuurlik weet almal dat daar net een persoon is wat die Leeuloop soos Robbie Wessels kan doen en dit is Robbie Wessels. Dit kom reeds vanaf 2005 toe hy deur Huisgenoot as die Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf aangewys is, gevolg in 2006 toe sy liedjie Leeuloop ook deur Huisgenoot as die Liedjie van die Jaar aangewys is. Die volgende jaar het Robbie verder voortgestoom met die vrystelling van die film Poena is Koning in 2007 waarin Robbie saam met Ben Kruger die rolle vertolk het van twee skoolseuns wat besluit het dat hulle nie hul skoolloopbane as virgins wil afsluit nie. In 2013 volg 100 meter Leeuloop met Diony Kempen en Robbie Wessels as regisseurs. Die draaiboek is deur Robbie se broer, Hamilton Wessels geskryf. Dit was duidelik dat Robbie ’n besige man op die verhoog is. Soos hy self gesê het, is hy nie meer so fiks as wat hy was toe die Leeuloop Suid-Afrika oorval het nie, hy moet nou eers tussenin so ’n bietjie asemskep. Nieteenstaande die asemskep het hy gesweet in die Thabazimbi hitte op die nuwe buiteverhoog by Plaasjapie. Die toevoeging van die buiteverhoog en die gradsdaklapa, wat as alternatiewe kroeg dien, is ’n welkome toevoeging tot die restaurant en meer as verdubbel die beskikbare kuierplek buitekant. Hamburgers en worsbroodjies was op bestelling beskikbaar en het die kombuis goed besig gehou. Robbie in aksie op die Plaasjapie se nuwe buiteverhoog saam met sy kitaarspeler, Arno Venter , links. Besoek gerus Plaasjapie restaurant as jy saam met jou gesin en vriende wil kuier. Hulle is ook ’n unieke braaivleis restaurant waar jy jou eie vleis kies en hulle dit vir jou volgens jou smaak braai. Dan is daar ook ’n verskeidenheid van braaibroodjies, slaai, aartappelskyfies en pap en sous wat as bykos gekies kan word. Vir die nie so honger nie is daar ook ’n verskeidenheid van Pizza’s om van te kies.
https://www.kwevoel.co.za/2021/11/03/robbie-wessels-treffer-by-plaasjapie/
2021-11-03 00:46:12
Duivelse macht
https://www.rd.nl/a/949981-duivelse-macht
2021-11-09 07:09:04
Jezus’ vernedering
https://www.rd.nl/artikel/951473-jezus-vernedering
2021-11-19 07:55:10
Namibiërs op die kleinkassie
Namibiërs op die kleinkassie Yolanda Nel Wou jy nog altyd op die televisie wees, maar jou ouers wou nie vir dramaklasse betaal nie? Wel nou is jou kans! ABS Produksies gaan binnekort ’n reeks kortfilms in Namibië kom verfilm. “Ons is opsoek na toneelspelers met talent wat daarvoor gebruik kan word,” sê Anthonie Bougas van ABS Produksies. Hy voeg by dat Namibië spesifiek vir hierdie films gekies is omdat die land “ongelooflik mooi is en baie potensiaal het”. Vir die span is dit ook nodig dat Suid-Afrikaners in die gemak van hulle huise kan kennis maak met die mooi landskappe wat Namibië bied. Volgens Anthonie is hulle opsoek na mense van alle ouderdomme. “Die kortfilms word in Namibië self verfilm en buiten vir die bekende akteurs wat rolle vertolk, sal dit verder net Namibiërs wees wat te sien is,” sê hy. Die produksies sal tussen Maart en April 2022 verfilm word. Diegene wat belangstel, kan ’n Whatsapp na +27 61 985 3108 stuur met die woord “Nam”, jou naam en van, en waar jy woon. Daarna sal jy ’n skakel ontvang met gedigte en monoloë. “Neem jouself op terwyl jy een van hierdie gedigte opvoer en stuur die video terug aan ons,” sê Anthonie. Diegene wat deurdring na die volgende rondte sal genooi word na ’n fisiese oudisie wat deur Anthonie en Bradley Olivier (van Binnelanders-faam) hanteer word. Anthonie se raad is om moeite te doen met jou voorkoms. “Moet ook nie die video so verfilm dat ’n venster in die agtergrond is nie. Begin jou video met jou naam en van, die dorp waar jy woon, jou ouderdom en enige ervaring in die bedryf,” vertel hy. Volgens hom moet belangstellendes onthou dat daar ’n 4 maande kursus voltooi moet word om toneelspelers gereed te kry. Ongelukkig is dié kursus nie gratis nie; dit sal in Windhoek aangebied word. Belangstellendes het tot 10 November kans om hulle videos aan ABS Produksies te stuur.
https://www.we.com.na/news/namibirs-op-die-kleinkassie2021-11-05/
2022-01-21 21:36:10
Swapo bevraagteken aanstelling van Gobabis HUB
Windhoek • [email protected] Die Swapo-distrikskoördineerder vir die Omahekestreek het die wyse waarop die Gobabis-dorpsraad met die aanstelling van sy uitvoerende hoof (HUB) te werk gegaan het, bevraagteken en gesê die proses is deur ongerymdhede geteister.Liberius Kalili het aan Pius Nganate, goewerneur van Omaheke, geskryf en gesê die dorpsraad gaan voort met die werwingsproses in stryd met die beste praktyke vir plaaslike owerhede.Die dorp is tans sonder ’n uitvoerende hoof ná die dood van Ignatius Thudinyane in Julie.“Die munisipaliteit van Gobabis het op 4 November begin met die kortlys van die HUB-pos, wat gefasiliteer word deur Batseba Schubert van die munisipaliteit van Gobabis en Dina Uanguta van Witvlei dorpsraad, albei juniors.“Dit is strydig met die gewone praktyk waar die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling van die begin tot die einde betrokke is, wat gedoen word om enige begunstiging in die proses te vermy,” het Kalili beweer.Ongegronde beweringsSylvester Binga, voorsitter van die dorpsraad se bestuurskomitee, het die bewerings betwis en gesê die korrekte prosedure word gevolg.“Op die oomblik is daar geen ongerymdhede nie; dit is net datavaslegging wat gebeur het. Ons het geen onderhoude gevoer nie, net datavaslegging.”Volgens hom het die raad twee uitvoerende hoofde van die dorpsraad geraadpleeg om met die proses te help.“Vir die kortlys is ’n lys name voorgestel. Ons sal later vergader en as die bestuurskomitee die name aanvaar, sal ’n kortlys opgestel word,” het Binga gesê.Hy het bygevoeg dat Swapo geaffronteerd voel omdat dit nie in beheer van die proses was nie.“Hulle het ’n probleem, want dit is nie Swapo nie. Hulle maak valse beskuldigings,” het hy gesê.Intussen dien Steve Adonis as waarnemende HUB.
https://www.we.com.na/news/swapo-bevraagteken-aanstelling-van-gobabis-hub2021-11-11/
2021-11-11 00:00:00
Munisipale bateregister uiteindelik in plek
Windhoek • [email protected] Die Windhoek munisipaliteit sê sy bateregister is voltooi ten spyte van kommer wat deur die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) geopper is dat die munisipaliteit nie sy batebestuursbeleid met betrekking tot die klassifikasie van sy eiendomme implementeer nie.Waarnemende uitvoerende hoof Jennifer Comalie het gesê die munisipaliteit is nou op hoogte van sy bates.“Ons het ’n volledige vastebateregister in plek. Ons weet waar ons bates is,” het sy beweer.Volgens haar was die munisipaliteit ook op koers om sy finansiële state aan die OG voor te lê. “Ons is bly ons kan sê die Stad se ouditverslae is volledig. Ons is besig met die 2021 finansiële jaar; ons maak gereed om dit by die OG in te dien,” het Comalie gesê.VraeIn ’n verslag het die OG gesê dat die Stad se ouditbewyse wat ingedien is, ’n onvoldoende en onvanpaste basis is om’n mening te vorm.“Daar is geen bewyse dat die munisipaliteit die batebestuursbeleid implementeer het met betrekking tot die klassifikasie van eiendomme wat vir verkoop gehou word in die gewone loop van bedrywighede of in die proses van konstruksie of ontwikkeling vir so 'n verkoop as voorraad nie,” het die OG gesê.Dit het ook teenstrydighede met betrekking tot die Stad se eiendom en toerusting bevraagteken. “Eiendom en toerusting word met N$32 miljoen oorskat weens verskille in eiendomsgroottes en waardasies tussen die vastebateregister en E-beplanner,” het die OG gesê.Die OG het voorts sy misnoë uitgespreek oor die rekeningkunde wat gebruik word om verantwoording te doen vir die inkomste wat uit publiek-private vennootskapsooreenkomste bygedra is. “Die bestuur het ’n las geskep in plaas daarvan om inkomste aan te teken,” het die OG gesê.
https://www.we.com.na/news/munisipale-bateregister-uiteindelik-in-plek2021-11-25/
2021-11-25 00:00:00
Groot makietie by Brakwater
Windhoek • [email protected] Merk jou kalender vir Saterdag, 6 November en ry uit na Brakwater plot 52 vir ’n jolige makietie om geld in te samel vir die brawe mans en vroue wat help om brande te bestry wat op baie dele in die land woed.Volgens een van die organiseerders, Chané Hälbich is hierdie geleentheid baie belangrik omdat vuurtoerusting nodig is om brande te slaan wanneer dit uitbreek. “Dit is ’n groot probleem om brande, veral in die Brakwater en Elisenheim omgewings, te slaan. Dis hoekom ons hierdie insamelingsprojek hou.”Gaste kan Saterdag uitsien na heerlike vermaak en ’n verskeidenheid van stalletjies, met Maryke Mertens, Ernst Swarts, Savannah Collins, Riaan Smit, Heiko Doedens en Claudine Nelson wat op die verhoog verskyn.“Die ondersteuning tot dus ver is fenominaal en besighede en individue het in massas hulle hulp aangebied,” vertel Chané.Hierdie is ’n geleentheid vir oud en jonk, en die jongspan sal beslis besig gehou word by die markdag.En wat is ’n mark dan sonder iets te ete en te drinke?“Daar is te veel om te noem. Ons is baie opgewonde,” sê Chané. Daar is ook lootjies beskikbaar teen N$30 elk, met groot pryse op die spel.Die mark is van 10:00 tot 16:00 oop en toegang is N$10 per persoon.Maar die joligheid eindig nie daar nie: Om 18:00 maak die span reg vir ’n heerlike dans waarvoor kaartjies N$100 elk kos.Vir meer inligting, skakel gerus die organiseerders by 081 421 3209 of 081 253 2620.
https://www.we.com.na/news/groot-makietie-by-brakwater2021-11-03/
2021-11-03 00:00:00
Tref-en-trap bestuurder kry borg
Tref-en-trap bestuurder kry borg Bly in aanhouding Hierdie skermgreep wys die skade van die motor na die ongeluk. Die video is wyd op sosiale media gedeel. Yolanda Nel Die bestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy ’n fietsryer raak gery het en van die toneel gevlug het, is borgtog toegestaan maar is hy steeds in aanhouding. Die beskuldigde, Jeff Gawiseb, het Maandag in die landdroshof op Okahandja verskyn. Borgtog ten bedrae van N$4 000 is toegestaan. Volgens inligting wat aan Windhoek Express bekend gemaak is, kon Gawiseb dit egter nie betaal nie en bly hy in aanhouding. Gawiseb word daarvan beskuldig dat hy die fietsryer Christiaan Bean verlede week naby die Ovitoto-afdraai buite Okahandja raakgery het en daarna van die ongelukstoneel gevlug het. Bean is deur die motor se voorruit geslinger en het binne die motor geland. Hy is eers in die Okahandja staatshopitaal behandel en gestabliiseer, voor hy per ambulans na die Lady Pohamba privaathospitaal in die hoofstad oorgeplaas is. Bean se skouer en heup is beide gebreek en sy knie is ernstig beseer. Hy het gister (Dinsdag) ’n operasie aan sy knie ondergaan. Hy was besig met voorbereidings vir vanjaar se Desert Dash. Bean het verlede jaar in die vyfde posisie geëindig in die soloresies. Hy en sy vrou, Silke, sou vanjaar as ’n tweeman-span deelneem. Gawiseb se saak is tot 29 November uitgestel, waarna hy weer in die hof sal verskyn.
https://www.we.com.na/news/tref-en-trap-bestuurder-kry-borg2021-11-16/
2021-11-16 00:00:00
Rolprente laat die geld inrol
Windhoek • [email protected] Na vreeslike bohaai oor ’n banier in Walvisbaai met die woorde “Welcome to Saudi Arabia” vir ’n internasionale rolprentreeks wat plaaslik geskiet word, het Caillin Basson, voorsitter van die Filmmakers Association of Namibia (FAN), gesê die film het honderde werksgeleenthede vir plaaslike inwoners geskep.Volgens haar is die filmbedryf een wat alle ander bedrywe raak.“Wanneer jy ’n produksie na Namibië bring of wanneer jy mense moet invlieg, moet jy vir hulle werksvisums kry, jy moet hulle rondry, jy moet hulle huises, jy moet hulle kos gee, daar is mediese uitgawes ... dit alles [inkomste] kom dadelik die land binne,” het Basson gesê.Namibië is geïdentifiseer as ’n uitstekende bestemming vir rolprente vanweë sy natuurlike landskap.“Namibië was nog perfek vir buite opnames, wat beteken filmvervaardigers hou daarvan om hierheen te kom vir ons liggings, ons omgewing, ons duine, die see, die Maanlandskap … Daar is soveel verskillende landskappe in een land wat ’n enkele rolprent toelaat om al hierdie verskillende dinge te skiet, in plaas daarvan om in baie ander lande verfilming te gaan doen. Dit is wat Namibië uniek maak,” het sy gesê.Plaaslike produksiemaatskappye trek ook groot voordeel uit internasionale produksies, het Basson gesê.“As ’n filmproduksie na Namibië kom en hulle het ’n begroting van N$100 miljoen, kan daardie geld voordelig vir die ekonomie wees; gegewe die huidige situasie in terme van ons beleide, ons regulasies, sal ’n gedeelte daarvan egter die land verlaat.“Maar die voordeel is reeds daar. Ons het dit gesien deur reuseproduksies soos ‘Flight of the Phoenix’, ‘Beyond Borders’ en ‘Mad Max’. Die hoeveelheid geld wat in die land bestee is, die voordeel vir die plaaslike [produksie] maatskappye, was enorm,” het sy gesê.Sy het ’n beroep op die regering gedoen om internasionale produksies aan te moedig omdat daar reeds ’n groot aptyt is om in Namibië skietwerk te doen.
https://www.we.com.na/news/rolprente-laat-die-geld-inrol2021-11-14/
2021-11-14 00:00:00
Skryf jou kind nou in vir dramaklasse
Behalwe vir die feit dat drama baie pret is, help dit ook talle kinders met hul selfbeeld en as dit iets is wat jy vir jou kind wil doen, is nou jou kans.The Drama Club Windhoek se aansoeke is nou vir 2022 oop. Kinders ouer as 7 is welkom by die dramaklasse, hoewel kinders onder 7 jaar welkom is op spesiale aanvraag. Hierdie is ‘n fantastiese projek wat resultate gaan wys en verseker dat jou kind baie mylpale sal behaal.Volgens Suid-Afrikaanse akteur Germandt Geldenhuys is hy baie opgewonde oor The Drama Club. “Namibiërs is honger vir drama-opleiding.”As jy wonder of dit reg is vir jou of vir jou kind, vertel Germandt dat die vaardighede wat hier geleer word, jou vir die res van jou lewe sal kan gebruik en kan toepas. Drama het ‘n subtiele manier om te help met hulle selfbeeld en help met die bou van sosiale vaardighede. “Dit is ‘n ongelooflike opvoedingsmiddel en help beslis vir kinders wat sukkel om uit hulle dop te kruip.”Maak seker jy spring gou, daar is beperkte plek. Stuur gerus ‘n epos aan [email protected] of stuur ‘n whatsapp na 081 330 5253.
https://www.we.com.na/news/skryf-jou-kind-nou-in-vir-dramaklasse2021-11-15/
2021-11-15 00:00:00
Inwoners eis skadevergoeding
Windhoek • [email protected] Sowat 40 gesinne in Katutura se Damara-lokasie het skade aan elektriese toestelle gely weens ’n “tegniese fout”.Tydens die vervanging van ’n transformator deur die Windhoekse munisipaliteit in Augustus 2020, is verskeie toestelle beskadig, en die families eis nou vergoeding.Stanley Isaacks het gesê hy het minstens N$33 000 bestee aan die herstel en vervanging van toestelle wat op die dag beskadig is. Toe die insident plaasgevind het, het die munisipaliteit werknemers gestuur om die beskadigde eiendom te assesseer.“Ons het vir hulle ons elektriese toestelle gewys wat beskadig is en hulle het vir ons gesê ons moet na meubelwinkels gaan en kwotasies kry. Ons het dit na die elektriese afdeling gestuur. Sedert verlede jaar het ons tot nou met hulle baklei. Ons kan dit nie meer vat nie. Ons het ’n oplossing nodig vir ons beskadigde eiendom,” het hy gesê.In ’n brief wat hierdie publikasie gesien het, het die munisipaliteit se versekeraar, Momentum Insurance, die eis van die hand gewys en gesê dit sou nie vir die skade betaal nie. “Ons vra verskoning dat ons nie die eis kan uitbetaal nie, aangesien die verlies nie gedek word in die bepalings van die Windhoek munisipaliteit se aanspreeklikheidspolis nie,” lui die versekeraar se rede.‘Hulle is aanspreeklik’“Ons wil nie met die versekeraar [maatskappy] baklei nie – dit is hulle goed. Ons moet baklei met Stad Windhoek. Hulle is aanspreeklik vir die skade van ons eiendom,” het Isaacks gesê.“Dit is al ’n jaar. Ons het baie van ons toerusting self laat regmaak en ons het nuwe goed vir onsself gekoop. Ons wil net vergoed word, want ons het onsself reeds gehelp.”Hy het gesê sommige toestelle is ’n noodsaaklikheid en moet dringend herstel of vervang word.Isaacks, wat werkloos is, het gesê hy moes kontant opdok om die elektriese drade in sy huis te vervang bo en behalwe om sy televisie, mikrogolf, skootrekenaar, selfoon en hoofskakelaar te vervang.Pensionaris se TV ontplofOnder diegene wie se eiendom beskadig is, is die 71-jarige Dorothea Karigus, wat die voorval onthou. “Die ketel het aangegaan sonder dat iemand dit aangeskakel het. Die TV het ontplof, toe sê ek ‘vat die kinders uit die huis dat ons buite kan staan’.“Wat sou gebeur het as iemand dood is? Wat sou hulle dan gesê het?”Die pensioenaris het gesê sy kan nie loop en kantore besoek om navraag te doen nie en maak staat op inligting van ander lede van die gemeenskap.Catherine Boois het gesê sy doen sedert verlede jaar navraag, en aanvanklik het ’n amptenaar van die tegniese departement skuld erken, maar het sedertdien van plan verander.“Vanjaar het ons met mense van die departement van finansies gekommunikeer. Hulle het vir ons gesê dat hulle bewus is van die die versekeraar se afkeuring en dat dit basies ’n interne kwessie is en hulle sal dit intern bespreek en met ons kommunikeer.“Dit is die verantwoordelikheid van die Stad Windhoek. Ons wil vergoeding hê. Ons wil nie hê dat iemand vir ons sê ‘ons wag vir 'n antwoord’ nie. Hulle kan van hul versekering eis, maar ons hier, ons wil vergoed word vir ons beskadigde elektriese toestelle.”In September het die munisipale woordvoerder Rauna Haipinge aan inwoners gesê ’n eis by hul versekeringsmaatskappy gedien vir ’n klandisiewaarde-betaling wat onder hersiening is. Hierdie week het kommunikasiebestuurder Harold Akwenye aan hierdie publikasie gesê hulle het die versoek weer ingedien en wag steeds vir terugvoer.“Ons is in aanhoudende kommunikasie met die versekeringsmakelaar met betrekking tot hierdie aangeleentheid. Die Stad is ook in voortdurende kommunikasie met die verteenwoordigers van hierdie groep, wat ons kantore by verskeie geleenthede besoek het,” het hy gesê.
https://www.we.com.na/news/inwoners-eis-skadevergoeding2021-11-23/
2021-11-23 00:00:00
Zybrand se ‘Vlerke Neer’ roer die hartsnoere
Zybrand se ‘Vlerke Neer’ roer die hartsnoere Zybrandt is een van die mees opwindende nuwe stemme in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy debuut-liedjie “Anders” wat vroeër vanjaar uitgereik is, het verskeie posisies op radio-trefferlyste gehaal. Sy tweede liedjie, “Kamoefleer”, wys op Zybrandt se musikale vaardigheid en ’n derde enkelsnit, “Vlerke Neer”, is onlangs uitgereik om voorbrand te maak vir die 5-snit EP Sneeu en Satyn, wat verlede week die lig gesien het. Zybrandt sê dat “Vlerke Neer” vir hom die naaste aan sy hart is. “Dit is geskryf vir my vriend en musiekvervaardiger, Jeremy, se meisie, Fleur, wat in 2017 aan kanker oorlede is. Dit was ’n moeilike tyd en nou, jare later, was dit glad nie maklik om die liedjie uiteindelik op te neem en alles weer so helder te herleef nie. “‘Vlerke Neer’ is ’n huldeblyk aan geliefdes wat die grootste oorlog baklei het, nie vir hulself nie, maar vir die wat nie ’n manier kon vind om hulle te laat gaan nie. Dit vier die herinneringe wat in ons verewig is, die impak wat dit in ons lewens gemaak het en hoe dit nooit sal verander nie. Dit is dan ook hoe ek by die idee van die video vir die liedjie uitgekom het.” Hy sê voorts daar is ’n paar mense waarvan hy weet vir wie die liedjie ook baie beteken. “So, ek het gedink ek sal hulle vra om deel te wees. Elk moes een van die reëls van die liedjie vashou en hulle het ook die opsie gehad om dit aan iemand op te dra wat nie meer met hulle is nie. Soveel van my vriende wou deelwees; ek het in ’n kort tydjie nadat ons met alles begin het nie meer lirieke oor gehad om uit te deel nie... Dit is omtrent oorweldigend om te besef hoeveel mense hulself kan vereenselwig met die boodskap van Vlerke Neer,” het die sanger gesê. Kyk “Vlerke Neer” se video hier: https://www.youtube.com/watch?v=KNws9mKRQjU
https://www.we.com.na/news/zybrand-se-vlerke-neer-roer-die-hartsnoere2021-11-09/
2021-11-09 00:00:00
Fietsryer in hospitaal na tref en trap
Fietsryer in hospitaal na tref en trap Motorbestuurder vlug Yolanda Nel Dit blyk dat die bestuurder wat verlede Donderdag ’n fietsryer in die Okahandja-distrik raak gery het en daarna van die toneel gevlug het, aan die verkeerde kant van die pad was. Volgens Basil Bean, pa van die fietsryer Christiaan Bean, was sy seun besig met voorbereiding vir die Desert Dash. Christiaan wou nog een keer die styl bult by die Ovitoto-afdraai ry, maar sy vrou Silke, het gesê sy sal hom onder die brug kry. Christiaan het aan sy pa vertel dat die bestuurder na bewering in die verkeerde baan was. “My seun het besef die bestuurder gaan nie stop nie en Christiaan het van die teerpad na die grondpad uitgeswaai, maar toe volg die bestuurder hom op die grondpad,” vertel Bean Senior. Christiaan is dwarsdeur die motor se voorruit en het binne die motor geland. “Ek weet nie hoe hy by die motor uitgekom het nie,” vertel sy pa. Christiaan is in die staatshospitaal op Okahandja gestabiliseer voor hy per amublans na die Lady Pohamba privaathospitaal in die hoofstad oorgeplaas is. Hy het sy skouer en sy heup gebreek en daar is baie skade aan sy knie. “Hulle het reeds aan sy heup geopereer,” het sy pa gesê. Christiaan het Maandag ’n MRI ondergaan en sy knie sal Dinsdag geopereer word. Volgens sy pa kon die dokters nie vroeër opereer nie, omdat Christiaan bykans die helfte van sy bloed verloor het en sy bloedvlakke baie laag was. Volgens sekere bronne het die bestuurder homself aan die polisie oorhandig, terwyl ander gerugte lui dat die polisie hom aangekeer het. Christiaan se ouers beplan om ’n prokureur te nader om ’n saak van poging tot moord aanhangig te maak. Silke het ’n video van die voorval afgeneem wat wyd op sosiale media gedeel is. In die video kan die omvang van die skade aan die motor en Christiaan se fiets gesien word. Die video wys ook hoe die bestuurder, saam met ’n passasier, van die toneel vlug.
https://www.we.com.na/news/fietsryer-in-hospitaal-na-tref-en-trap-2021-11-15/
2021-11-15 00:00:00
Brandstof styg sedert Januarie met 30%
Windhoek • [email protected] 2021 is gekenmerk deur verskeie brandstofprysstygings, met inligting verskaf deur die ministerie van mynwese en energie wat daarop wys dat pryse sedert die begin van die jaar met minstens 30% toegeneem het.Dieselpryse het met N$3,50 gestyg – van N$11,38 in Januarie tot vandag se N$14,88 per liter, terwyl die petrolprys met N$3,60 per liter – van N$11,35 in Januarie tot die huidige N$14,95.Brandstofpryse het in Februarie begin styg toe die ministerie ’n prysverhoging van 50 sent vir onderskeidelik diesel en petrol aangekondig het. Daarna het nóg brandstofprysstygings gevolg, met diesel wat in Maart met 80 sent toegeneem het. Die opwaartse neiging het in April voortgegaan toe ’n prysverhoging van 50 sent vir beide brandstoftipes deur die ministerie aangekondig is.Daar was in Mei en Junie ’n mate van verligting vir motoriste, maar dit was van korte duur, aangesien brandstofpryse in Julie weer begin opwaarts gaan het, met ’n verhoging van 40 sent aangekondig vir beide diesel en petrol.Augustus het motoriste ’n bietjie blaaskans gegee, met geen brandstofprysverhogings wat deur die ministerie aangekondig is nie.Die verligting was weer eens van korte duur, met brandstofpryse wat vir Septembermaand met 'n opwaartse neiging voortgeduur het, met diesel wat met 33 sent tot N$13,88 gestyg het en petrol met 57 sent tot N$14,15 per liter.’n Verhoging van 30 sent is in Oktober vir diesel en petrol aangekondig, wat die prys op N$14,18 per liter vir diesel en N$14,45 per liter vir petrol te staan bring.Vir November is ’n prysverhoging van 70 sent vir diesel aangekondig, wat die prys op N$14,88 per liter te staan gebring het terwyl petrol met 50 sent tot N$14,95 gestyg het.
https://www.we.com.na/news/brandstof-styg-sedert-januarie-met-302021-11-17/
2021-11-17 00:00:00
Dis hoe kokerbome beweeg
Dis hoe kokerbome beweeg ’n Kokerboom in die suide van Namibië. Foto Harry Cunningham / Unsplash Paleo-klimaatsimulasies van Namibië se kokerboompopulasies dui op beduidende verandering in hul verspreidingsgebied oor die afgelope 22 000 jaar Ekoloë van die Universiteit Stellenbosch (US) het 22 000 jaar in die verlede teruggegaan én vooruitskattings gemaak vir 50 jaar van nou af ten einde die ikoniese kokerboom, Aloidendron dichotumum, se paleo- en toekomstige geografiese verspreidingsgebied in die dorre Suid-Afrika en Namibië te simuleer. Die doel hiervan was om vas te stel hoe kokerboompopulasies op vorige klimaatsveranderingstoestande gereageer het, asook die effek wat toekomstige mensgemaakte klimaatsverandering moontlik op hierdie vorige respons sou kon hê. Prof Guy Midgley, hoof van die navorsingsgroep oor globale verandering in die US se Departement Plant- en Dierkunde, sê navorsing en waarnemings wêreldwyd toon dat biologiese stelses en spesies alreeds op mensgemaakte klimaatsverandering reageer. “’n Algemeen aanvaarde voorspelling is dat plante in reaksie op warmer toestande hul geografiese verspreidingsgebiede sal skuif, hetsy poolwaarts of na hoër vlakke bo seespieël. Die ander opsie is om by hulle veranderende omgewing aan te pas deur middel van genetiese veranderinge of deur hul morfologie of gedrag te verander. Indien hulle egter nie skuif of aanpas nie, is uitwissing in hul natuurlike gebied hulle voorland,” verduidelik hy. Beperkte aanpassingsopsies In die geval van langlewende bome is hul aanpassingsopsies egter beperk. Wêreldwyd is bome die kwesbaarste vir mensgemaakte klimaatsverandering, aangesien hulle langlewend is en dit lank neem vir saad om tot ’'n boom te ontwikkel. Met ander woorde: alhoewel bome dalk voorheen in staat was om oor ’n tydperk van duisende jare te migreer of aan te pas by vorige veranderinge in die paleoklimaat, is hulle dalk nie tans in staat om so vinnig as wat nodig is aan te pas of te migreer om mensgemaakte klimaatsveranderinge te kan oorleef nie. Oor die afgelope 10 000 jaar het die oppervlaklugtemperatuur in Suidwestelike Afrika byvoorbeeld waarskynlik met 5°C gestyg gedurende die verwarming wat die ys- tot tussenystye teen die einde van die Pleistoseentydperk tot gevolg gehad het. In teenstelling hiermee, en volgens die nuutste verslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC), word geraam dat oppervlaklugtemperature in Afrika in minder as ’n eeu met meer as 5°C in die droë, subtropiese gebiede sal styg. Om endemiese spesies soos die kokerboom dus in die toekoms te kan bewaar, is dit noodsaaklik om hulle reaksie op voortgesette en toekomstige klimaatsverandering te probeer verstaan. Bewaker van mensgemaakte klimaatsverandering? Oor die afgelope twee dekades het Midgley en sy nagraadse studente kokerboompopulasies se reaksies op klimaatsverandering bestudeer en gedokumenteer. In 2007 kon Prof Wendy Foden die volgende oor die noordelike helfte van die verspreidingsgebied rapporteer: daar was tekens van verspreidingsgebiede wat suidwaarts, sowel as na hoërliggende gebiede geskuif het, met individuele bome wat dood is in die warmer dele van die verspreidingsgebied nader aan die ewenaar, asook by die laerliggende gebiede. Herhaalde waarnemingstudies oor jare word benodig om die bevindings te staaf dat so ’n verskuiwing in die verspreidingsgebied wel onderweg is. In die nuutste studie het Midgley se nagraadse student Lara Brodie spesieverspreidingsmodellering gebruik om die waarskynlike ruimtelike omvang van die kokerboom se verspreidingsgebied tydens die gletserperiodes te rekonstrueer. Hierna het sy populasiegenetiese metodes gebruik om die resultate te toets. Die bevindings is onlangs in die vaktydskrif Frontiers in Ecology and Evolution gepubliseer. Beweeglikheid Die modelle voorspel dat twee derdes van geskikte habitat vir A. dichotomum gedurende die laaste getsermaksimum (LGM) 22 000 jaar gelede buite die huidige verspreidingsgebied was, ongeveer 650km verder noord, nader aan die ewenaar. Soos wat temperature gunstiger geword het, het die bome hulle verspreidingsgebied poolwaarts uitgebrei teen ’n tempo van 0,4km per dekade. Gedurende die middel-Holoseen, ongeveer 6000 jaar gelede, was die destydse kokerbome min of meer oor dieselfde gebied versprei as wat dit tans is. Dit beteken dat dit A. dichotomum tot 18 000 jaar geneem het om 650km poolwaarts te migreer. Hierdie migrasie is indirek bevestig deur die resultate van die genetiese populasie-analise: Die ouer noordelike populasies vertoon oor die algemeen hoër vlakke van genetiese diversiteit as die meer onlangs gevestigde populasies in die suidelike en suid-oostelike streke (bioloë noem hierdie verskynsel die “stigterseffek”). Die modelle voorspel dat kokerbome teen 2070, 191km ooswaarts sou moes skuif ten einde by veranderende klimaatstoestande aan te pas – 42km in 70 jaar en 6km per dekade. Dit is ongeveer 15 keer vinniger as wat verwag word wanneer jy 18 000 jaar gelede se verspreidingsdata gebruik. Volgens die navorsers sal A. dichotomum in alle waarskynlikheid in die natuur oorleef, maar hulle gegografiese verspreidingsgebied sal baie smaller wees. Suidwaartse populasies kan moontlik ook sukkel om aan te pas en te oorleef as gevolg van laer vlakke van genetiese variasie. Optrede nodig Die navorsers verwag verder dat die noordelike verspreidingsgebiede toenemend ongeskik sal word en waarskynlik verlore sal gaan, tesame met sy unieke genetiese diversiteit, tensy daar opgetree word. Hulle stel proaktiewe bewaring van die genetiese diversiteit van die noordelike populasies van kokerbome voor, byvoorbeeld die beskerming van individue in botaniese tuine, sowel as die noukeurige oorweging van ondersteunde kolonisering in geskikte gebiede. “Na dekades van navorsing staan die ikoniese kokerboom steeds as ’n bewaker van antropogene klimaatsverandering. Die nuutste bevindings sal nie slegs bewaringsaksies vir hierdie spesie rig nie, maar potensieel ook vir 'n wye reeks van endemiese plante in hierdie spesieryke streek,” sluit Midgley af.
https://www.we.com.na/news/dis-hoe-kokerbome-beweeg2021-11-04/
2021-11-04 00:00:00
Uitslag oor stemming van wysiging van Artikel 25 'n hoogtepunt
Die voorsitter van die DA se Parlementêre Koukus, dr Annelie Lotriet DA-LP, sê in ‘n mediaverklaring dat die uitkoms van die verkiesing oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet op Dinsdag 7 Desember 2021 ’n hoogtepunt was van drie vermorste jare waarin die Parlement die wetsontwerp moes verwerk terwyl ernstige kwessies geopper is oor die impak daarvan op die ekonomie, die oppergesag van die reg en voedselsekerheid. “Die mislukking van die ANC om ’n tweederde meerderheid te verenig om die 18de Wetsontwerp te wysig, wat sou lei tot die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, is ’n oorwinning vir Suid-Afrika se Grondwetlike bestel.” “In ooreenstemming met die uitslag van die komitee in September, waar DA-lede in die Artikel 25 Ad Hoc-komitee eenparig gestem het om die ANC se mosie te verwerp, het die DA-koukus in die Nasionale Vergadering uit een mond gepraat en gestem om hierdie rampspoedige stuk wetgewing die nekslag toe te dien.”. “Die ANC het van hierdie gevare geweet – vandaar hul onwrikbare weiering om toe te laat dat ’n ekonomiese impakstudie gedoen word. “Ons het lankal betoog teen die noodsaaklikheid om Artikel 25 van die Grondwet te wysig omdat dit in sy huidige vorm reeds genoeg bepalings het om ’n regverdige en billike grondhervormingsproses moontlik te maak,” het Lotriet verder toegevoeg. Sedert sy stigting op 6 Desember 2018, was die Artikel 25 Ad Hoc-komitee net ’n politieke teater vir botsende ANC-faksies en die radikale fantasieë van die EFF. In hul haastige poging om grondonteiening sonder vergoeding en nasionalisering van grond na te streef, het die twee partye hul minagting vir die Grondwet en onvervreembare eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners blootgelê. Die DA het nog altyd aangevoer dat hierdie wetsontwerp nooit na die parlement verwys moes word nie, aangesien dit niks help om grondlose Suid-Afrikaners te help wat deur die ANC se mislukte grondhervormingsprogram in die steek gelaat is nie. As’t ware het die ANC en die EFF tyd gemors op ’n proses wat nooit die grondkwessie vir grondlose Suid-Afrikaners gaan aanspreek nie. Vir al die jare wat die komitee bestee het om die eiendomsreg van Suid-Afrikaners weg te neem en alle grond te nasionaliseer, moes fokus eerder geskuif het na toegang tot staatsgrond, die verbetering van verblyfsekerheid en die verskaffing van ondersteuning aan opkomende boere. President Cyril Ramaphosa se herhaalde bewering dat Artikel 25 van die Grondwet gewysig kan word sonder om die ekonomie en voedselsekerheid te beïnvloed, was misleidend. In Venezuela en Zimbabwe het die getorring aan eiendomsreg hul ekonomieë in duie laat stort, gelei tot wydverspreide hongersnood en gelei tot grootskaalse uittog van kapitaal. Wat Suid-Afrika nodig het, is ’n pragmatiese en rasionele benadering wat binne die grense van huidige grondwetlike bepalings oor grondhervorming sal funksioneer. Nasionalisering van grond en die uitsluiting van die howe om grondonteieningsake te besleg, soos voorgestel deur die ANC en die EFF, sou die oppergesag van die reg ondermyn en Suid-Afrika tot ’n ekonomiese dorsland verminder het.
https://www.kwevoel.co.za/2021/12/08/2021-da-uitslag-oor-stemming-van-wysiging-van-artikel-25-n-hoogtepunt/
2021-12-08 04:47:40