id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
516,800
hang af van die stelsel waarop u FSX bestuur. Ek het 'n 8 kern verwerker met 2 hoë def grafiese kaarte wat in firewire en 16 optredes van hoëprestasie RAM gebruik word.
516,801
Verskeie maniere om aan te pas hoeveel CPU-tyd FS bestee om natuurskoon en teksture te laai. Die maklikste manier is om die skyfievertoning vir die raamkoers te stel na 'n waarde wat jou
516,802
masjien kan konsekwent bereik. Hoe laer jy die glyer instel, hoe meer CPU-tyd word afgelei van die lewering van data. Nog 'n ding wat jy kan doen is om die
516,803
Deur hierdie lyn te verander, sal die fokus verder weg van die vliegtuig toeneem. (Let daarop dat dit ook jou VAS-gebruik 'n bietjie verhoog)
516,804
Dit sal 'n onmiddellike voordeel vir foto-gebruikers wees. Jy sal 'n baie beter tekstuur op gras op grondvlak sien en 'n groot verbetering in die algehele oogkoekie in die lug kyk af.
516,805
Die volgende video is van Flight Sim Addict en hy ken ook baie regstellings. Ek dink hy is ook 'n lid van die REX-span.
516,806
Ek gebruik Megascenery en Blue Sky en baie daarvan. Daarom het ek 'n 2 TB HD toegewys aan FSX. Terwyl ek nie oor autogeen hoef te bekommer nie, kan foto-uitsig 'n uitdaging wees in lae vlakvlug wanneer dit by skerpte kom. Ek het die bogenoemde tweaks gebruik om skerpte by 500 te verbeter. Daarom maak my opstyg en landings meer realisties.
516,807
Die grootste voordeel vir foto-uitsig sonder autogeen is dat VAS-gebruik beter bestuur word, tesame met 10-fps, verhoog nie 'n meer waarskynlike uitbeelding van waarheen jy vlieg nie. Daar sal altyd simmers wees wat net meer en meer nodig het, maar daar sal altyd 'n balansering wees om te voorkom dat die program ineenstort totdat 'n ware 64-bisplatform vrygestel word. Wyse bestuur, saam met 'n goeie begrip van jou masjien, sal 'n groot bydrae lewer om FSX 'n prettige en stabiele platform te maak.
516,808
Mense is gatvol en saps is useless. Dit is nog n understatement. So wie moet ons beskerm? die 1 of 2 bevoegte polisie beamptes wat hul werk doen kan nie die Hele SA beskerm nie. Druk n gewonde hond in n hoek en hy sal byt. En Dan jong klomp wat graag wil aansluit by SAPD word weg gewys oor hulle vel kleur. Die SAPD en ons land is op n helse afgrond af en sien nie n stop daarvoor nie.iewers gaan die af grond stop en daar gaan n groot ongeluk wees op daai einde. Maar ja wie gee om want verseker nie die klomp wat ons land moet regeer en moet beskerm nie.
516,809
as die polisie hul werk doen sal dit nie vir die publiek nodig wees om reg in eie hande te neem nie !Die skelm het regte ……en die slagoffers bly in tronke !!!!
516,810
Ons het nie n keuse nie. Die Bybel se n oog vir n oog. Dis pateties dat gemeenskappe dit moet doen want in hierdie land is nie behoorlike wetstoepassing nie.
516,811
Ek wat van die vrees van die mense wat aan geval of beroof of verkrag word. Jy en jou tipe moet bykom
516,812
Die skare was so omgekrap oor die ongeluk, dat hulle die motorfietsryer wou aanrand. Hy is net betyds van die toneel af verwyder.
516,813
`n Mens kan nie die regstelsel oorgee aan ongeletterde persone wat nie eens die minimum vereiste van beskaafdheid onder die knie kan kry nie.
516,814
Ons “Wie maak ons stil?” song vir November is geskryf deur Neil Buchner vir die “In verwondering” projek saam met Louis Brittz, Retief Burger en Helmut Meijer. Hulle het twee jaar terug vir 3 dae gaan stil word in Sutherland en saam 12 nuwe worship songs geskryf.
516,815
“Ja Piet, my hart is by Wimpie. Hy sou ook vanaand saam met die atlete hier gewees het, maar het dit gekanselleer vir die plaaslike rugbywedstryd. My hart het in die weeshuis agtergebly saam met die briefie waarin Wimpie my afgesê het.”
516,816
“Hoe werk die nuwe stoompot wat ek ingesit het Cynthia?” verneem meneer Stander, die terreinopsigter, skielik langs haar. Sy wip soos sy skrik as sy verbaas omswaai en hy alreeds langs haar staan. “Hoekom is die senuweedrade dan so dun dat jy so skrik as jy my sien?” Verneem hy vriendelik. Sy kyk stip en verbouereerd teen die oopgevoude briefie vas wat nog reg voor haar op die tafel lê. Sy wonder of sy dit moet gryp en weghardloop, of het hy dit dalk nie gesien nie? Onwillekeurig dink sy aan die ernstige gevolge van so ʼn ontoelaatbare weeshuis oortreding. Dit voel of sy reeds die doodstraf opgelê is as hy haar stip aankyk. In haar selfopgelegde spanning bars sy skielik, verbouereerd in trane uit.
516,817
Dirk is suf geskryf aan sy nuwe roman. Net toe hy sy lê in die bed kry, hoor hy dit — ’n haan wat kraai! Hy het dit laas op sy oupa se plaas gehoor, maar ’n mens verwag dit glad nie in die middel van Melville nie.
516,818
Die St. Bernard Fred hoor verskrik vir die eerste keer in sy lewe ’n haan kraai en spring verskrik op die bed. Die gekraai kom beslis van Dirk se nuwe buurvrou se erf. Dirk het haar vandag skaamteloos deur die heining dopgehou toe sy, geklee in ’n kort denimbroekie, haar goed uit haar stokou Volksie dra.
516,819
Hy wou gaan help; kon byna sy ouma sugtend in die hemel hoor sê: “Ai, dis nie hoe ek die kind geleer het nie.”
516,820
Sorry, Ouma, het hy gedink, die uitgewer is op my case, ek sal haar later nooi vir ete. Die gekraai begin weer. Dit dring deur murg en been. Hy spring met ’n kragwoord op, loop net in sy rugbybroek deur die hekkie in die heining. Ons gaan beslis nie goeie bure wees nie, dink hy grimmig, en klop hard aan die rooi geverfde voordeur.
516,821
Kwaai fluweelbruin oë kyk tussen lang, rooi lokke, wat ’n fyn gesiggie omraam, na hom. Sy dra ’n lang slaapjurk wat sweerlik aan haar ouma behoort het. “Is jy mal om twee-uur in die oggend so aan my deur te hamer?”
516,822
“Is jy mal om twee-uur in die oggend jou deur oop te maak vir ’n vreemdeling . . . Lees jy nie koerant nie?” vra hy bruusk, onkant gevang deur haar bekoorlikheid. Sy skud die rooi krulkop woes heen en weer.
516,823
“Nee, ek lees nie koerant nie en ek kyk ook nie TV-nuus nie.” ’n Fyn vinger swaai voor sy neus. “Ek weet wie jy is, ek het gesien hoe hou jy my dop waar jy op jou rekenaar sit en speel, sonder om ’n vinger te verroer om my te help!” Sy kyk hom met opgetrekte wenkbroue op en af. “Kan jy nie behoorlik aantrek voor jy aan vreemde meisies se deure hamer nie? Jy weet wat sê die spreekwoord van eerste indrukke.”
516,824
Hy vee met sy hande deur sy dik bos hare wat reeds in alle rigtings staan. “Kyk, Juffrou, is dit jou haan wat sulke onaardse geluide maak?” Diep dimpels duik in haar sagte wange, en die soet glimlag slaan sy asem weg.
516,825
“Jy moet ’n nuwe intrekker wees,” sê sy ysig, “my ouma het my altyd vertel watter oulike buurman sy het.” Hy skud sy kop. Haar ruggie trek penorent, die bruin oë skiet vuur. “My naam is Lienkie! Ek het nooit gedink Napoleon en Lady Di sou onwelkom hier wees nie. Hulle het die pragtigste kindertjies – William, Kate, Charles en . . .”
516,826
Hy hou sy hand op. “Lienkie, ek gee jou vyf dae om van Napoleon en sy gebroedsel ontslae te raak, anders doen ek verdere stappe. Ek het my rus nodig.”
516,827
Hy draai om, stap weg sonder om weer na haar te kyk, maar moet Fred roep om saam te stap. Hy is al deur die hekkie, toe skree sy: “Ek mag nie ’n ou kapokkie aanhou nie, maar jy kan daai mensvreter aanhou. As hy net een maal in die nag blaf, bel ek die polisie.” Hy hoor hoe sy die deur toeslaan.
516,828
Dirk roep die volgende oggend tevergeefs na Fred. Hy hoor ’n stem langsaan, gaan loer deur die heining. Lienkie sit kaalvoet op die gras, haar hare in twee dik vlegsels. Fred lê langs haar en kyk met leepoë na die hoendertjies wat lustig in die gras skrop.
516,829
“Toemaar, Napoleon,” hoor hy haar stem, “ek sal nie dat die draak hier langsaan julle wegvat nie! Ek weet nie wat ons gaan doen nie, maar ek sal aan ’n plan dink.”
516,830
Ja, ’n man bly maar ’n man, dink sy, om my so deur die heining te sit en dophou. Tot Dirk se frustrasie loop Fred kort-kort weg na die buurvrou en lê en slaap op die stoep waar sy skilder.
516,831
Klokslag halftwee soggens begin Napoleon kraai. Die gekraai dring deur sy oorfone todat dit voel asof die haantjie langs sy bed staan en kraai. Aan die einde van sy geduld, het hy weer met haar probeer praat. Sy het met groot oë stil na hom en staan en kyk, die deur blatant in sy gesig toegeslaan.
516,832
Tot sy verdere ergernis kom die kapokhaantjie gereeld met sy gesin deur die heining om in sy tuin te kom skrop. Een oggend kom Lienkie uit die huis in ’n vrolike somersrokkie. “Ek weet nie hoekom die flippen vroumens nou so mooi moet wees nie,” dink hy gefrustreerd. Dit maak die hele saak net ingewikkelder. Voor sy in die Volksie klim, wys sy ’n fyn vinger na Fred.
516,833
Drie dae later kyk Lienkie verslae na die prokureursbrief in haar hande. Sy het sewe dae om van die hoenders ontslae te raak! “Ek kan nie glo hy is so laag nie,” dink sy ontsteld. Sy gryp haar ouma se groot vleismes uit die laai en gaan hamer aan sy deur met Napoleon in haar arms. Hy ruk die deur ongeduldig oop.
516,834
Sy gee hom nie kans om te praat nie, druk by hom verby tot in sy kombuis. “Toe, kap af sy kop, dat jy tot rus kan kom,” sê sy tussen die snikke deur. Hy neem die mes versigtig uit haar hand.
516,835
“Kom sit, dan maak ek koffie sodat ons rustig oor die saak kan praat,” sê hy kalm en skakel die ketel aan. Daar is nie ’n greintjie vriendelikheid in die bruin kykers of in haar stem nie.
516,836
“Hoe gaan ons die probleem oplos? Jy het die geleentheid gehad om Napoleon se kop af te kap, maar jy is nie mans genoeg nie!”
516,837
Haar oë skiet vol trane. “My pa moes sy plaas aan die Regering afstaan . . . ’n plaas wat geslagte lank in ons familie was. Ek het die dag toe ons moes trek, die werker gevra om Napoleon en Lady Di skelm in my kar te sit. Toe ek weer sien, was die kindertjies daar. Ek het nie gedink dit sal so probleem wees met Ouma se huisie wat so half eenkant sit nie.”
516,838
Sy sug skielik diep en staan soos ’n ou mens van die stoel op. “Moenie verder worry nie, ek sal van hulle ontslae raak. Ek het nie meer krag vir die bakleiery nie.”
516,839
Voor hy nog kan reageer, is sy uit by die deur en hoor hy die tuinhekkie kraak. Minute later sien hy hoe sy drie yslike slotte aan die hekkie sit.
516,840
Fred het ’n paar keer by die hekkie gestaan en tjank om langsaan te gaan kuier, maar Dirk het hom geïgnoreer. Wat hy nie kon ignoreer nie, was die skuldgevoel en die leemte in sy hart. Het hy haar nou heeltemal verwilder? Later die aand tel Dirk die foto van sy ouma op en praat met haar.
516,841
“Skies, Ouma, ek weet Ouma is teleurgesteld. Ek sal die hoendertjies nou uitlos, al kan ek nie saans slaap nie. Ouma weet ek stel nie in vroue belang ná die fiasko met Rika nie. Maar nou het ek teen my sin op die cheecky meisiemens langsaan gaan staan en verlief raak. En sy haat my soos die pes.”
516,842
Musiek kom op die aandwind na hom deur die oop venster aangewaai. Sy hart neem hom vanself heining toe. Lienkie dans op ’n stoep vol kerse, geklee in ’n lang, wit rok wat om haar uitbol soos sy draai en swaai. Hy spring oor die hekkie, is met ’n paar tree op die stoep.
516,843
Sy hou aan dans, hou skielik haar hand na hom uit. Sy hart klop in sy keel toe hy haar hand neem, haar teen sy bors vastrek en met haar begin dans.
516,844
“Ek is so jammer ek was so gemene vark,” praat hy gesmoord in haar hare. “Ek is mal oor jou, al kraai jou haan my snags wakker.” Hy lig haar ken op sodat hy in haar gesig kan kyk. Hy buk af, sy lippe raak vlindersag aan hare. Haar arms gaan om sy nek en sy soen hom met oorgawe terug. Dirk sug.
516,845
“Daar is sprake dat tot 50% meer witmielies as verlede jaar geplant is, wat die prys later vanjaar kan laat daal.” Die voordeel van ’n laer mielieprys kan primêre voedselvervaardigers, soos Pioneer en Tiger Brands, teen die tweede helfte van vanjaar help herstel van die hoë insetkoste wat hulle tot nou toe moes dra.” Maar wat is die kanse vir goeie reën in die najaar?
516,846
Die Tomato Leafminer is al vir jare ’n probleem in die Matzikama-omgewing. Dit het al baie boere se oeste...
516,847
Chakhoma Machaba (28), die derde verdagte, was tydens die laaste hofverskyning op 26 Julie nog in Mosambiek waarheen hy ná die aanval gevlug het.
516,848
Staan ek hier met dié woorde, tone in die grond – skoorsoekend want ek weet die tribunaal gaan my teen ‘n muur laat staan.
516,849
Dit is Paasfees en ons het ’n oulike idee vir ma en dogter of selfs vriendinne vir Paas-kolwyntjies. Daar is niks so lekker soos ’n soetigheid ná ’n heerlike bord kos op Paasdag nie.
516,850
’n Bietjie meer moeite, maar die moeite werd as jy tyd het. Ouer kinders behoort dit te geniet om dit saam met jou te maak. Bak jou kolwyntjiedeeg in wafelkoppies, versier dit en strooi gekleurde klapper bo-oor vir die nessie. Voeg eiertjie-lekkers by en ’n smal, lang droplekker vir ’n handvatsel. (Creative Mammas)
516,851
Suurlemoenwater is vir baie dinge gesond. Met suurlemoenwater sal jy heeldag gehidreer wees en dit verwyder ook gifstowwe uit...
516,852
Die skoolgeboue word deurlopend onderhou en restourasie vind gedurig plaas, omdat die geboue meer as 70 jaar oud is. Die skool het uitgebrei en ’n paar buurhuise is nou by die skool ingelyf.
516,853
3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG Kies EEN vraag en skryf woorde oor die onderwerp. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan. Sjoe, dit was amper! 1.2. Jy wil aan n skryfkompetisie deelneem van Jakkaranda FM. Die tema van die opstel is: Die kontakte op my selfoon. Die Prysgeld is R5000. Dink aan die volgende: Wie se nommers op jou selfoon is. Nommers wat die belangrikste is. Nommers wat jy al lankal wou geskrap het. Hoekom jy so baie/min nommers het. Hoe jy die nommers stoor. Die kontakte op my selfoon Twitter Bladsy 3 van 7
516,854
Twee kleindorpse susters, Cobalize en Jacomien, klap graag die sokkietreffers. Hul gesprekke sluit gewoonlik in: die fyner punte van braai-etiket, naweek-alkoholisme en hoe moeilik dit is om ’n man te kry wie se naam nie ook ’n van is nie.
516,855
Hulle is onwillig om toe te gee aan die reëls van kultuur, loopbane of goeie smaak. Met hul eiesoortige begrip van die moderne sosiale maalkolk probeer die Van der Volk-susters hul weg in die wêreld vind … solank dit nie te veel moeite verg aan hulle kant nie.
516,856
Infeksies opgedien. Ja. Ek was al in Milpark. Jy loop of word gehelp in n lang tou verby n buffet-styl infeksies dan dien hulle vir jou op. Wat is die kontlike joenalis of beter Redakteur wat die kak laat deurgaan op n "nuusblad" se webblad? Hy/Sy skop maklik die ou met die blou Polo van die Fokken Doos lys se eerste plek af.
516,857
Poeskop, jy is ook van tyd tot tyd op jou snykant so jy kan jouself al laat geld met die analfabete van die groot gros online media (nee moet nou net nie dat die "anal" gedeelte jou aandag aftrek nie! Alhoewel ek dink dit pas goed – nevermaaind praat, hulle SPEL deur hulle holle…) Persoonlik dink ek as ek daar gewerk het sou ek na so 3 weke "postal" gegaan het met al hierdie lot; ek kry so 'n perverse visie waar ek in die redakteur se kantoor instorm met 'n Jannie-help-my-sterk-lyk hempie soos Rambo en 'n waterpistool gelaai met drukkers-ink , dan gooi ek die HAT voor hom neer en skreeu: "Preëksistensie! Soek dit op en spel dit vir my binne 10 sekondes of jou gat is roosterbrood, poes!!!" Drome, drome drome…
516,858
@Prof…nee, nee, ek het die woord gelees as ANalfabete omdat ek in die regte luim was, anders……. ag vergeet DIT nou eers. Ek wil graag 'n vlieg teen die muur wees in daai droom van jou wanneer jy by daai kont se kantoor instap met die HAT……soos jy genoem het….drome, drome, drome
516,859
Vir Tyler is God ’n vriend, leermeester en sy grootste penmaat. Hy hanteer sy siekte deur sy gebede in die vorm van briewe aan God te skryf en dit daagliks te pos. Wanneer Tyler al dodelik siek is, begin die posman Brady McDaniels die briewe lees en ontdek die krag van die seun se gesprekke met God.
516,860
Hierdie twak moes aan die naaste boom op gehang gewees het. Al wat hier gebeur is dat sy advokaat geld maak.
516,861
Nouja wat kan ek sê van Olckers se bevoegdheid, sy skree net heeltyd uit, die goed is nie geldig nie, maar sy kan dit nie met haar toetsing weerlê nie. Om egtheid van getuienis en voorlegging waarop sy hammer, sy is een oomblik besig met van Breda en dan weer met Rudi van der Walt? As jy wou twyfel saai oor die wetenskap het jy beslis die teendeel bewys, bewys jy weet nie waarvan jy praat.
516,862
Met die hittegolf wat tans groot dele van die land in sy kake het, word mense aangeraai om nie vir lang tye buite te wees nie.
516,863
Plaas koekmeel in 'n sakkie. Gooi die gedreineerde slakke in sakkie by meel. Skud die sak met meel en sakke tot die meel lekker aan die slakke vassit. Haal slakke uit en skud die ergste meel af.
516,864
Om 'n 'sout-botterbroodjie te maak voeg jy by die droë bestandele 1½ koppie kaas. Bedien met soutvulsel.
516,865
5. Knie die deeg af, vorm in handpalm grootte balle of 'n grootte van jou keuse en pak hulle in die room mengsel in die pan. Gooi die res van die room mengsel oor die deeg balle en sprinkel die kaas bo-oor.
516,866
Meng die mielieblom met klein bietjie koue water en gebruik dit dan om die sous in die kastrol mee te verdik.
516,867
Sny die vis in porsie grootte en strooi visspeserye oor. Rol nou in die meel. Laat le die vis daarin totdat dit tyd is om te bak.
516,868
2. Vulsel: Los die geweekte gelatien op oor 'n pot warm water of in die mikrogolf. Gooi stadig in die maaskaas en roer gedurig tot goed gemeng. Voeg die strooisuiker en suurlemoensap by, maak seker dat dit goed gemeng. Vou nou die geklopte room by.
516,869
4. Skep die maaskaas al om die beurt in bo-op die korsielaag in die losboompan. Gebruik 'n toetspen om die maaskaas effens te meng om die marmer effek te verkry. Seel met plastiek en los in die yskas vir minstens ses ure.
516,870
найди букву О аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааоааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааоааааааааааааааааааааааааааааааааа
516,871
Moer maklik. Stuur vir ons 'n epic foto van 'n roadtrip saam met ‘n kort beskrywing waarop jy was na griffin@watkykjy.co.za, verkieslik ene van jou en jou pelle saam. Belangrik dat dit gees wys, so nie net 'n selfie van jou met 'n tas voor jou Tazz nie oppad V-Town toe nie. Blerrie nool.
516,872
'n Foto van jou (of jy en jou vriende) moet ingestuur word as inskrywing vir die kompetisie. Dit moet jy in die foto wees. Ons sal vra vir ID proof om te check as ons wonder.
516,873
Die prysgeld sal deur BACARDI Oakheart of hulle agentskap aangewend word om jou vakansiekoste (vir die roadtrip) te help dek, nie jou huis te betaal of 'n blerrie Xbox te koop nie. Die prys is nie verhandelbaar vir 'n kontantuitebetaling nie. Vergeet dit.
516,874
Moet die roadtrip heeltyd in SA se borders wees? Kan dit bv gebruik word vir n trip Mozam toe einde van die jaar?
516,875
Aan Stekel: Yes, die BACARDI Oaks reken hulle sal 'n paar bottels Oakheart ingooi vir uitspantyd tydens die trippie.
516,876
Instagram sagteware is 'n sosiale netwerk waar die gebruikers die nuutste beelde en video's kan deel. Die Android-program is 1,000,000,000 keer geïnstalleer, wat die gewildheid van hierdie netwerk en sy Android-program aandui. sien.
516,877
Die hap van die appel deur Cindy Robertson. Kyk bietjie hier wat sê sy oor die boek. The book of [...]
516,878
Ek is die verskil “Ek verwys nie na die feit dat elke preek waarskynlik vir iemand in die gemeente iets [...]
516,879
In die skerpsinnige en verbeeldingryke woordkuns-produksie Fotostaatmasjien hier op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees word daar oor die aard van kreatiwiteit en kunstenaarskap besin. Slippers staan self voor die gehoor. Eers ongemaklik in hoëhakskoene – wat sy sê iemand anders se idee was – dan sommer net kaalvoet in swart jannas en met ’n reusestrik om die nek. Sy lê haarself as digter en skrywer bloot voor ’n eksterne eksaminator wat streng en akademies met die jong digter se kreatiewe uitset omgaan.
516,880
Fotostaatmasjien mag wel sê daar is niks nuuts onder die son nie, maar dié feit word uitlokkend gekommunikeer met die gehoor. Jy is heeltyd denkend betrokke. Dit werk ook op ’n persoonlike vlak en wys dat ’n mens inderdaad durf moet hê om jouself te wees in ’n wêreld van bloudrukke en klone.
516,881
Naweke het sy by die skool gaan boeke merk omdat sy die reuk van bordkryt en voor die bord staan te veel gemis het. Sy was ongetroud. Dis nie omdat sy vreemd of onooglik was nie, nee. Sy was net bang. Bang vir mans. Haar ma het haar geleer dat mans net moeilikheid is en as jy te lank na een kyk of praat dan gaan jy swanger raak en hy sal jou los. Dis hoe sy in die wêreld gekom het. Haar ma het te lank met die posman gesels en toe sy haar kry was sy swanger. Dis wat sy geleer is en dis hoe dit is. Dis ook hoekom sy nie boeties of sussies het nie. Haar ma het gesê sy is net een keer gevang en nooit weer nie. Dis ook hoekom sy nooit haar pa geken het nie. Sy weet net hy was posman op die dorp en hy en haar ma het oor die hek gestaan en gesels en toe het haar ma swanger geword. Die posman het gesê hy praat met baie mense deur die loop van sy dag en hy kan nie verantwoordelikheid vat vir elke baba net omdat die vrouens geselskap by hom soek nie.
516,882
Die begrafnis was baie klein. Regtig, baie klein. Dit was net sy, die dominee en die bure se kat. Die het per toeval rondgedwaal en langs die graf kom sit. Daar was ‘n ander man ook. Santie het hom nie geken nie. Hy het die hele diens deur en by die graf heeltyd net in sy kar gesit en rook. Na alles verby is het hy gery en “Hie kommie bokke” het by sy venster uitgeblêr. Sy het die man nog nooit vantevore en ook nog nooit weer na daardie dag gesien nie.
516,883
Santie het nie baie geweet van tegnologie nie. Haar ma het net altyd gesê dat dit van die duiwel af is. Een pouse het sy gesien hoe een van die seuns vir ‘n ander een pornografie op sy foon wys en dit het die feit vir haar bevestig. Tog was sy nuuskierig. Santie het begin wonder. Sy het begin wonder oor tegnologie en oor mans. Die twee grootste euwels van ons tyd volgens haar ma.
516,884
Maandag na skool is sy dorp toe. Sy parkeer haar bruin Ford voor die nuwe selfoonwinkel. Sy loer huiwerig rond. Moet sy nou of moet sy nie? ‘n Selfoon? Op haar ouderdom? Wat gaan sy nou eintlik daarmee doen? “Santie! Wat maak jy nou?” hoor sy haar ma in haar kop met haar praat. Sy maak of sy niks hoor nie en klim stadig uit.
516,885
Probeer die agterste wiele na voor te ruil om te sien of daar 'n verandering is. Wiel balansering wat uit is kan miskien die rede wees. Voel jy dit in die stuur?
516,886
Liewe fok! hy moenie net op uitstappies gaan nie, hy moet die fokken Power Walk doen as hy wil loop….en die stalletjies moet gesluit word vir vet fokkers soos hy….alhoewel…ek neem aan die stalletjies se turnovers gaan sky high wees as hy eers soos 'n vulkaan daar deur is…hahahahahaha….lay low on the snacks bro!
516,887
Hy kan nie eens sy voel sien in die spieel nie!! arme vokken ou…..hoe jags moet jy nie nou al wees nie!
516,888
LOL @poeskop ja ek is dik maar my hartjie maar klein, ek is ook nie voilent nie. Ek is jammer oor laas maar dit was stress tyd en dan soek mens mos altyd n uitlaat, jy ken die drill.
516,889
Gestreep of ongestreep hierdie vet kak lyk sleg. Fok het hy geen trots nie. Slegte poes, Dit is sy eie skuld dat hy nooit sal kan naai nie. Fokken Dik Doos.
516,890
Ek is n persoon wat lief is vir familie en vriende. Ek geniet die buitelewe en is redelik spontaan. Glo daaraan om altyd positief te bly.
516,891
'n Plaasmeisie swem kaal in die rivier. Sy maak haarself bang vir wat daar tussen die donker riete skuil maar miskien is daar 'n groter gevaar wat buite wag.
516,892
Sy maak haarself bang vir wat daar tussen die donker riete skuil maar miskien is daar 'n groter slang in die gras wat buite lê en wag. Sal die aantreklike voorman haar betyds kom red van die bedreiging of is hy dalk deel van die probleem.
516,893
Die Tygerberg-kinderkoor het van die 40ste plek na die vierde plek opgeskuif op Interkultur se wêreldranglys vir kore.
516,894
Dit volg nadat die koor vanjaar die eerste keer in vier kategorieë deelgeneem het in die Wêreld­koorspele wat vroeër in Tshwane gehou is.
516,895
Vanjaar se koorprogram lyk anders as gewoonlik. Die formaat weerspieël die koor se Wêreld­koorspeleprogram, kategorie vir kategorie.
516,896
Dis ook ’n geskiedkundige jaar in die Tygerberg-kinderkoor se bestaan, want die laaste twee konserte onder die leierskap van Loock vind vanjaar plaas. Hy lê einde Maart 2019 die tuig neer ná 46 jaar as koorleier.
516,897
“En wat skiem jy gaan jou pa doen as hy jou so hierso sien nadat hy al die pad moes uitry plaas toe met jou sleutels?” vra hulle hom weer.
516,898
Vir elke waarnemer beteken elke skildery, ets, beeld en so meer sekerlik iets anders. Des te meer wanneer die onderwerp wat aangebied word, nie slegs doodgewone werklikheid is nie. Elkeen sal dus ’n eie vertolking van ’n werk hê. Daar is egter, soos by al die ander kunste, sekere maatstawwe wat geld ten einde die kuns van die kitsch en die kaf te onderskei.
516,899
Dit is nou nie meer ʼn geheim dat die regering nie sy verwagte belastinginkomstes oor die medium termyn sal haal nie. Die projeksies dui daarop dat die tekort tussen dit wat die regering invorder en dit wat hy beplan om te bestee nog verder sal vergroot. Die verwagte skuld-tot-BBP-verhouding nader nou 60% oor die medium termyn en is in die begrotingsdokument met ʼn reusesprong opwaarts aangepas.