id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
517,300
Leer kinders van gesag. God is Heilig. Eenkeer se ongehoorssaamheid het Christus se lewe gekos. Gen 3:11: “En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?” Gen 3:15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” God gee sommige van sy gesag aan mense – ouers. Hy laat ons Sy gesag bedien. Leer kinders om met respek teenoor volwassenes op te tree. Nie grootmense in rede val nie. Met respek praat met ouers en ander volwassenes. Exodus 20:12 “Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.”
517,301
Sy vier en respekteer haar man se leierskap in die huis. Onderwerp aan man omdat sy prag van Christus se onderwerping sien. Hy onderwerp aan Sy Vader en kom sterf in ons plek. Markus 14:35: “En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mark 14:36: En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (Christus vra of daar nie ander uitweg is).
517,302
2. Weet jy moet bid met ewigheidsperspektief. Heb 13:14: “Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.”Ons gaan in hemel of hel vir altyd lewe. 2 Kor 4:17: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. God gebruik alles in die lewe ten goede. God skryf jou kind se storie (Paul Miller).
517,303
4. Weet dat gebed ‘n langtermyn belegging is. Daar is nie ‘n kitsoplossing nie. God se tyd is nie ons tyd nie. Hy het hele leeftyd om met kinders te werk. Moenie moed opgee. Bid vir jou kinders! God doen groot goed in kinders se lewens – en Hy benodig nie baie om mee te werk nie.
517,304
1. Hulle sien hoe jy met hulle pa werk. Bybel vol opdragte om ouers te eer. As jy wil hê kinders moet hulle pa eer, moet jy hulle leer om dit te doen. Watter prentjie het jy van hom in hulle koppe gesit? Wat sien hulle in jou gedrag teenoor hulle pa? Jy is die visuele toepassing van opdrag
517,305
2. Hulle wil sien wie jou God is. Wys jy vir hulle wie God is? Wys jy dat slegs God jou tevrede kan stel? Sien hulle dat jy jou identiteit in Chrsitus vind of kom hulle agter dat jy jou idintiteit in hulle en hulle prestasies vind? Materialisme? Hardloop jy agter wêreld aan vir bevrediging? As jy wil hê jou kinders moet jou God liefhê, moet hulle sien hoe jy Hom liefhet. Laat hulle sien hoe jy na Hom gaan vir vergifnis as jy gesondig het.
517,306
Hy het in die onderhoud gesê Van der Westhuisen se hantering van die siekte dien vir hom (Weir) as inspirasie, veral die wyse waarop Joost die waarde van positiewe denke beklemtoon het.
517,307
Die rateltaaie langeraad was eweneens ʼn lid van die Skotse span wat in die kwarteindronde van 1995 se Wêreldbekertoernooi op Loftus Versfeld deur die All Blacks uitgeskakel is. Hy het sy land insgelyks in die RWB-toernooie van 1991 en 1999 verteenwoordig.
517,308
Juan het egter alle verwagtinge oortref. Hy het onlangs aan sy eerste rugbywedstryd deelgeneem en by ʼn hoofstroomskool aangesluit.
517,309
“Daar is baie dinge wat hulle vir ons gesê het Juan nooit sal kan doen nie, maar elke dag staan ons in verwondering oor sy wilskrag om aan te hou en deur te druk,” het Kelly gesê.
517,310
“Ons verstaan dikwels nie sy vreemde reaksie op medisyne nie, en dit is baie moeilik om sy aanvalle te behandel. Ek is desperaat om met ʼn ander lyer van die siekte te gesels oor alles – die toekoms, praktiese wenke en wat ons as familie kan doen om dit te verbeter. Ek het baie vrae wat dokters nie kan beantwoord nie. Ek wil die vrae wat Juan my vra, kan beantwoord – en tot dusver kon ek nie.”
517,311
Om in balans tussen inkomste en die vereiste uitgawes vir ekonomiese groei te bly gaan meer lenings aangegaan word. Dit word in gewone Afrikaans met staatskuld vertaal, en dit is basies wat die VSA sy Trippel-A-gradering gekos het, en die Grieke in die sop laat beland het. Die sleutel is dat die lenings binne perke moet wees, en gebruik moet word om die ekonomie te laat groei sodat die ekonomie dividende kan lewer om die lenings te diens. Dit laat nie ruimte vir vermorsing en korrupsie nie.
517,312
Fanie De Villiers het gister gesê dat dit vir hom lyk of die blad vir Sri Lanka voorberei is, om sodoende hulle ‘n kans gun om te wen. Die rede is eenvoudig, as dit so was, as SA gewen het is die reeks gewen en dan is die 3de wedstryd op Nuweland “nutteloos” en baie geld kan verlore gaan. Ek hoop dit is nie so nie, maar die wedstryd het baie verdag voorgekom.
517,313
Só sê Rynie Kearns, die voorsitter van die klub, wat sy bevordering verdien het deur verlede jaar die bond se Eerste Liga te wen.
517,314
Kearns sê die klub het ook die nodige ondersteuning en `n bestuur wat deeglik daarvan bewus is dat die Premierliga geweldig hard is, en dit baie van die spelers en die klub gaan vereis.
517,315
Devon Muller is verlede jaar as die klub se speler van die jaar sowel as die o.21-speler van die jaar bekroon.
517,316
Eerlike,opregte man met 'n verantwoordelikheid sin. Kommunikasie is baie belangrik en daarmee samelopend betroubaarheid. Aktiwiteite is onderhandelbaar. Kwalifiserende faktor vir verhoudings is eerlikheid dus sal oneerlike gedrag lei tot die beeïndiging van 'n potensiële verhouding.
517,317
Elizabeth kyk vlugtig op na die enigste ander passasier, die lang, blonde man regs agter teen die spieëlrug van die hyser, toe sy op die 27ste verdieping deur die dubbeldeure instap.
517,318
Sy begin ekstra aantekeninge maak oor die onderhoud wat sy pas gehad het met die grootbaas van ’n nuutgestigte ouditeursfirma – persoonlike indrukke wat ’n berig altyd ’n bietjie ekstra kleur gee.
517,319
Hy is donker, van gemiddelde lengte, gespierd, en sy baard skyn blou aan sy wange. Elizabeth vermy oogkontak en staan weg van die middel af eenkant toe sodat die nuwe passasier sy persoonlike ruimte het.
517,320
“Een en twintig,” wys die liggie. Voor die hyser sit ’n vrou in ’n rolstoel en ’n man staan gereed agter haar met sy hande op die handvatsels.
517,321
Elizabeth hyggil toe sy hand te voorskyn kom met ’n pistool daarin, en in ’n nanosekonde weet sy wat haar gepla het: die bult onder sy baadjie.
517,322
Elizabeth voel die man se harde lyf teen haar en besef tensy ’n wonderwerk gebeur, is sy en die blonde man uitgelewer aan ’n gespierde bees sonder goeie bedoelings met ’n moordwapen in die hand.
517,323
“Jy gaan vir ons die pad oopmaak onder in die bank. Jy’s mos een van die grootkoppe. My boys wag daar.”
517,324
"Ek hou jou al twee weke dop. Als is uitgewerk. Die girl het soos ’n unexpected bonus gekom – ekstra leverage.”
517,325
Masjiengewere in die hande van omtrent ’n dosyn polisiemanne in koeëlvaste baadjies met al die lope gerig op die drie mense in die blink bespieëlde kajuit.
517,326
Elizabeth voel Bloubaard se greep verslap en sy gooi haar soos ’n sak aartappels op die vloer. Sy draai haar gesig met haar wang teen die koue metaalvloer van die hyser en kom agter haar hele lyf is soos ’n staalveer gespan.
517,327
Al wat sy nou kan sien, is mans in uniform wat vinnig beweeg teen ’n ligte agtergrond van glas en chroom. Asof van ver af hoor sy opdragte en voetstappe, selfs ’n hond wat blaf.
517,328
Sy word op haar voete neergesit, met ’n man se warm borskas teen haar gesig en lyf, en arms wat haar gerusstellend in ’n omhelsing toevou.
517,329
Hy ruik lekker – vars, met ’n vae geur van warm naeltjies. Haar hande en arms kruip vanself om sy lyf.
517,330
Elizabeth voel hoe sy bloos terwyl sy haar arms om sy lyf losmaak. Haar “Goed dankie” is ’n fluister.
517,331
“Hier, juffrou,” sê ’n hulpvaardige polisieman. Asof dit die natuurlikste gebaar op aarde is, vat mnr. Schlebusch Elizabeth se hand toe hulle agter die polisieman aanstap.
517,332
Elizabeth glimlag. “Dankie, maar dis onnodig. Jy moet weet, ek is ’n joernalis in Johannesburg, en ’n ruk gelede moes ek ses maande lank help met misdaadverslaggewing. Die ding is net . . . Ek was nog nooit so lyflik betrokke by ’n aanval nie.”
517,333
Op die ingewing van die oomblik gaan staan sy. “Dalk is dit die aangewese tyd om my aan jou voor te stel,” sy giggel effens, “al ken jy my herkoms reeds uit ’n polisieverklaring: Elizabeth Conradie, ondersoekende joernalis by Die Stem.”
517,334
“Kom eet asseblief vanaand saam met my, Elizabeth. Ek wil van voor af kennis maak, onder minder stresvolle omstandighede. Ek het ’n gevoel jy is die ontwykende fee na wie ek al te lank soek.”
517,335
“Beamptes op die toneel het die situasie in bedwang probeer hou terwyl ander beamptes die verdagte na die polisiestasie geneem het,” het Swart gesê.
517,336
Die onregverdigheid van die polisie soos met die onlangse kfc en adjunkminister gewys het is hierdie optrede nie vergesog nie dit is die enigste optrede wat die regering dwing om aandag te gee dialoog werk nie wat bly oor?
517,337
“Julle moet niks verkeerd doen op die Sabbatdag nie... Die Sabbatdag moet vir julle ’n feesdag wees, julle moet die gewyde dag van die Here respekteer...julle moenie doen en praat wat julle wil nie. Dan sal dit vir julle ’n fees wees om die Here te dien. Hy sal julle oor die hoogste plekke laat ry. Hy sal julle laat eet van die koring en die vrugte van die land van julle voorvader Jakob.” Jes. 58:13-14
517,338
Ons het almal 52 weke in ‘n jaar, sewe dae in ‘n week, en 24 uur in ‘n dag. Die vraag is: wat maak jy met die tyd wat God jou gegee het? Gebruik jy dit soos Hy wil hê jy moet? Enigiemand wat die Vierde Gebod oortree, verbeur die oorvloedige seën en verkwikking in die Here.
517,339
Wanneer ons die Here se dag inrig as ‘n besondere dag vir die gesin om te rus en God te aanbid, verkondig ons daarmee aan die wêreld dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat Hy die Here van ons lewens is.
517,340
Om elke sewende dag te rus, is gesond – geestelik, fisiek en ekonomies. Dis goed vir besigheid, families, en die hele land.. God het hierdie gebod tot ons voordeel vir ons gegee, nes al Sy ander Gebooie – nie net vir Christene nie, maar vir die ganse samelewing.
517,341
Voltaire, die Franse rewolusionis, het gesê: “As jy die Christendom tot niet wil maak, skaf die Sondag af.” Die sewe-dag week is ‘n Ou-Testamentiese instelling, wat deur Christelike invloed uitgebrei het. Dit is ‘n kragtige getuienis van die feit dat God die wêreld in ses skeppingsdae geskep, en op die sewende dag gerus het.
517,342
Volgens sommige onderhou ons nie die ware Sabbatdag, tensy ons dit op ‘n Saterdag doen nie. Hulle is meer begaan oor die “wanneer” as oor die “hoekom”.
517,343
Die Apostel Paulus het die Christene aangesê om hulle offergawes op die eerste dag van die week opsy te sit. (1 Kor. 16:2). Die Apostel Johannes het die Openbaring van Christus op die eerste dag van die week ontvang – waarna hy verwys as “die dag van die Here”. Openb. 1:10.
517,344
Die Dag van die Here is vir ons ‘n geleentheid om tot stilstand te kom, van wêreldse dinge weg te draai, en ons geestelike perspektief te herwin deur op God, Sy Woord en Sy wil te fokus.
517,345
Wanneer ons op ‘n Sondag opstaan, aantrek en die erediens gaan bywoon, word ons deel van honderde miljoene mense oor die wêreld heen, wat getuig oor die feit dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. Niks is ‘n beter getuienis van die oorgang van die Joodse Sabbat na die Christelike Dag van die Here op die eerste dag van die week nie. Niks ánders as die oorwinnende Opstanding van Jesus Christus uit die dode, kan die unieke instelling van die Sondag as Rusdag beter verstaanbaar maak nie.
517,346
Dié titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het in die laaste stemweek van die kompetisie.
517,347
Karen sê dié kompetisie is ’n ongelooflike uitstalvenster vir Suid-Afrika en Namibië se pragtige dorpe.
517,348
As deel van die wennersprys, gaan Kwêla se produksiespan ook ’n advertensie van 30 sekondes vir dié dorp skiet. Dit sal boonop gebruik word in die R1 000 000-lugtyd wat Hentiesbaai kry om die dorp te bemark. Na dese kan die inwoners van Hentiesbaai ook uitsien na ’n jolige wenmakietie om die titel te vier.
517,349
Ek voel Hentiesbaaie verdien die prys 100%. Pragtig skoon en mooi. Glad nie jaloers nie. En mens kan Namibie darem net met VSA ens vergelyk nie. Ek is ‘n Suid Afrikaner en het vir Henties gestem.
517,350
Hentiesbaai is ‘n mooi skoon rustige kusdorpie. Soos Mnr Krause gesê het as jy op jou tone staan is jy in die hemel! Jy kry nog mens mense hier. 80% is vakansie huise, baie mooi, ‘n goeie wegbreek vir elke Suid-Afrikaner en Namibier. Dankie Kwela ons is sommer trots op ons vakansie dorpie & huisie!
517,351
Die versoeningsboodskap hoef nie altyd met woorde gebring te word nie. Dikwels is gebare en dade – soos in Newbigin se verhaal – baie meer effektief. Wat sê dit vir jou ten opsigte van jou eggenoot, jou naaste familie en kollegas by die werk?
517,352
Die gebruik van humor om kreatiewe skryf in die onderrig van Afrikaans te stimuleer: 'n gevallestudie