id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
517,100
In die veld van biotegnologie kan ons byvoorbeeld nie aanvaar almal stem saam oor die etiek van ’n algemene en gemeenskaplike menslikheid nie.
517,101
“Die eerste stap om KI te reguleer is om ’n sterk wêreldgemeenskap te hê. Ek sê nie ’n wêreldregering of -ryk nie. Jy hoef dit nie so ver te voer nie. Maar jy het baie samewerking wêreldwyd nodig.”
517,102
Die probleem van die afgelope paar jaar is, soos hy in die boek skryf, dat terwyl ons nou ’n wêreldekologie, -ekonomie en -wetenskap het ons met net nasionale politiek sit.
517,103
Hy is nie teen afsonderlike nasies gekant nie, beklemtoon hy. Hy skryf dit is ’n illusie om te dink ons sal almal in ’n liberale paradys leef sonder nasionalisme. “Ons sal waarskynlik stamme wees wat in ’n chaos leef.”
517,104
“En ek dink nie Brexit op sigself is ’n slegte idee nie. Ek bedoel, vir Brittanje om volkome onafhanklik van die EU te wees? Hoekom nie?
517,105
“Elke minuut wat die Britse regering Brexit probeer bestuur, is ’n minuut minder wat hulle aan kwessies soos klimaatsverandering, KI en genetiese ingenieurswese bestee.
517,106
“As jy voor ’n groot, skrikwekkende probleem te staan kom, wil jy hê iets bekends moet afleiding bied. Jy verstaan onafhanklikheid en nasionale soewereiniteit, en jy hou nie van immigrasie nie, maar dit is ou kwessies van die 20ste eeu. Van die 19de eeu.
517,107
“Dis soos wanneer jy by ’n groot vergadering in die een of ander maatskappy ’n multimiljoendollarbesluit oor iets baie ingewikkelds moet neem en ’n $5-besluit oor die koffiemasjien. Julle sal twee uur lank oor die koffiemasjien praat en twee minute vat om oor die multimiljoendollarhervorming te stem, wat niemand buiten die tesourier in elk geval verstaan nie.”
517,108
Hoe optimisties is hy oor ons hantering van die groter kwessies terwyl hy in ’n land woon wat sukkel om sy eie plaaslike probleme baas te raak?
517,109
Is om oor die groter prentjie te dink nie dalk sy eie manier om sy aandag van die ingewikkelde probleme hier en nou af te lei nie? Hy erken Israeli’s verstaan die kuns baie goed om dinge bloot mis te kyk.
517,110
“My kampus is op die berg Skopus in Jerusalem. En net onder die berg is Isawija, ’n Palestynse buurt. Niks keer jou om na Isawija te gaan nie. Daar is geen kennisgewing of versperring en geen soldate wat jou bewaak nie, maar sedert 1993 kom ek by die kruising en draai ek regs na Skopus. En ek was nog nooit in Isawija nie. Ek kyk baiekeer van bo-op die berg daarna, maar jy laat nie jou gedagtes daarheen gaan nie. Soos jy nie dink oor wat dit werklik beteken om ’n kind in Gaza te wees nie.”
517,111
Toe hy 13 was, het die Berlynse Muur geval – dit was ’n wonderwerk, en daar was nie enige lewensverlies nie.
517,112
En ek dink na oor ons gesprek. Yuval is nou wel ’n multimiljoenêr en ’n uitgewersensasie, maar dis moeilik om hom nie steeds as ’n seun op ’n bergtop te sien wat probeer om ’n afgetrokke wêreld na die dinge te laat kyk wat regtig saak maak nie.
517,113
Hou weer so baie van hierdie reël oor wat ‘n gedig is: en die gedig agterlaat soos versaakte vel? Met die slot: vervelde betekenis.
517,114
Hierdie gedig gaan nie maklik koud raak nie. Die katolieke (d.w.s. alles-insluitende)proses in die gedig word so aangebied dat mens nie die identifikasie met ‘n afgegooide vel kan vertrou nie.
517,115
Ek hoop jy sal nog in die toekoms soek in jou gedigte; dan is ons bevoorreg. Dankie dat ons só kan soek.
517,116
Die beamptes is sedertdien ná ’n interne verhoor tydelik geskors totdat die uiteinde van die saak bekend is.
517,117
Mokoena het glo in Mei die boer genader en gedreig dat hy ’n saak van verkragting gaan oopmaak as die boer nie vir hom én Mofokeng betaal nie.
517,118
Hulle is by ’n plaaslike vulstasie in hegtenis geneem waar die boer glo R4?000 se omkoopgeld aan hulle oorhandig het.
517,119
Kanarie handel oor ‘n 18-jarige Suid-Afrikaanse man, Johan, wat opgeroep word vir sy destydse militere-diensplig. Hy is angsbevange in sy uitkyk aangaande die grensoorlog in Angola maar vind nietemin sy niche in die Suid-Afrikaanse Weermag-koor, genaamd ‘Kanaries’. In hierdie milieu beleef hy reise, militere opleiding en smee terselfdetyd bande met sy mede troep-maters. In een geval egter, bou Johan ‘n hegte kameraadskap en soos hy verlief raak, begin hy stelselmatig alles in sy eie wereld bevraagteken.
517,120
Psalm 117 is tegelykertyd 'n bekende en onbekende psalm. Hierdie psalm is bekend as die kortste in die boek van die Psalms, maar daar is min teologiese refleksie op die psalm. Om die vraag na die teologiese boodskap van die psalm te beantwoord, is die psalm aan 'n eksegetiese ondersoek onderwerp waarin aandag gegee word aan sake soos die omvang van die psalm, tekskritiese kwessies, strukturele kenmerke, die literêre genre, "Sitz im Leben", datering, die gebruik van tradisiemateriaal, ensovoorts. Die eksegetiese detail het tot 'n teologiese gevolgtrekking gelei dat die (verbonds)liefde en trou van Jahwe wat die volk in die verlede ervaar het, die rede is waarom vreemde volke en nasies tot lof aan Jahwe opgeroep word. Die psalm het waarskynlik in die ballingskap ontstaan, reflekteer op die verlede en dien as motivering vir die toekoms wanneer die (verbonds)liefde en trou van Jahwe weer ervaar sal word.
517,121
‘n Paadjie in Ierland. Foto: Verskaf. Skarrelkind van Ireland skryf: Ek het die skrywe in verband met die groener weivelde van ander lande, “Die gras is toe nie groener elders nie”, interessant gevind. Ek verstaan egter nie die doel van die skrywe nie. Ek gaan aannames maak en vra: Is dit een of meer van […]
517,122
1899 – Die twee Boererepublieke – die Oranje Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek – sê die Verenigde Koninkryk die stryd aan; daarmee breek die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika uit.
517,123
Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig.
517,124
In hierdie bundel kan jy die pols van ’n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel. Die verhale dek die hele spektrum: die alledaagse tot die bonatuurlike; drama, humor en tragedie; liefde, seks, familiesake en natuurlik die lewe en die dood.
517,125
Hierdie bladsy is nié 'n ensiklopediese artikel nie. As jy hierdie bladsy op enige webwerf anders as Wikipedia aantref, besigtig jy 'n ou spieëlwebruimte. Wees versigtig, aangesien die bladsy verouderd kan wees en die gebruiker geen persoonlike belang in enige ander webwerf, benewens Wikipedia self het nie. Die oorspronklike bladsy is hier geleë: http://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Anas1712.
517,126
Molautsi het tydens die slotbetoë in die borgtogaansoek gesê die wreedheid van die oorledenes se moord moet in ag geneem word, asook dat, sou die beskuldigdes borgtog toegestaan word, hulle ʼn gevaar vir die gemeenskap en ander getuies kan inhou. “Die oorledenes se dood het die gemeenskap geskok.”
517,127
Kan ons nie maar uitsluitsel kry oor die benaming van poesaaklige Afrikaanse popmusiek nie? Vergun my om Afri-Poes voor te stel. Ter illustrasie kan jy gerus hierdie videos kyk wat ek tussendeur die artikel soos onkruid gestrooi het om saam met ons al die bedorwe elemente te identifiseer. Kyk of jy dit deur al die videos kan maak en dan trek jy jou stoel bietjie nader sodat ons so bietjie kan gesels.
517,128
“Nee fok dit! Ek het ‘n nuwe styl ontdek. Dis die Bobbie Kallis hairstyle. Ek Jacques Kallis die kak uit my scalp uit, en dan Bobbie ek ‘n handvol slaksemen oor die ylerige outjies. Gooses smaak van pappegaainaai.”
517,129
Terug by die song structure – daar is so tienton lorrie wat daar agter die bult staan. Dis vrot van die brommers, vlieë en aasvoëls maar Afrikaanse popsterre staan tou by hom. Hulle mind nie die stank nie, want hulle weet die fans smaak van kak. Die lorrie se naam is EuroVision en hy is belaai met kakbaie kak oorsee tunes teen ‘n bargain. Dis soos die Montana vlooimark van kak musiek. Hulle koop die regte vir daai songs en “verwerk” dit tot Afri-Poes treffers. Hulle sal binnensmonds erken dat dit nie hulle eie tunes is nie, sou iemand hulle uitvra daaroor maar min mense vra hulle uit daaroor. Daar is gewoonlik werk nodig om die songs te modifaai nie – 99% van die songs bevat reeds die kardinale key change. Daar waar hulle dieselfde repetitive chorus agter die Magaliesberg gaan haal en hom hierso by die vierde keer hoër sing. As daar ‘n video is wat die aakligheid op hierdie stadium vergesel, sal die sanger so wydsbeen as moontlik staan, asof hy sy ballas in ‘n beesdip laat probeer dangle. Die drummer gaan aapkak, maar dis OK want niemand in die gehoor het ‘n oor vir musiek nie. Hulle weet nie dat jy ‘n basic 4/4 beat met met iets soos Fruity Loops kan maak en kan las soos ‘n tweedehandse hosepipe nie. Jy kan vir die drummer ‘n paar Ricoffee blikke en liniale gee om die goed mee te bliksem asof daar Sondag geen kerkdiens is nie en niemand sal dit ‘n fok agterkom nie.
517,130
Ons het al bietjie oor location gepraat, maar ‘n meerderheid van hierdie videos word ook iewers in kuierplekke geskiet, vermoedelik in Pretoria-Noord. Die “kunstenaar” ken gewoonlik die hoof van die hool of het ‘n tjommie wat die oggendskof by die bar doen. Hy gee hom in elk geval ‘n lift soontoe op pad na sy dayjob toe. Dis baie belangrik dat die bar segments van die video in die oggend geskiet word waneer die “band” nie gepla kan word nie. Die sanger wil actually in die aand gepla word wanneer hy van Woensdae tot Vrydae by die bar counter rondhang met dieselfde klere wat hy in die video gedra het in die hoop dat een of ander flossie hom gaan eye: “God, is jy nie Gertjie nie! Jy het mos daai song ‘Jou Hartjie Ssshaped Vagina laat my Lendes Klop’ gemaak! LOL!”
517,131
Indien die aand met die skêr suksesvol was, sal treffers soos: “Voorbehoedmiddels is vir die Voëls” en “Enkelouer in Ermelo” moontlik die lig sien.
517,132
Soms wens ek dat die website wat die kern van die roman “Draalnoot Vir ‘n Janfiskaal” vorm, regtig bestaan vir mense wat Afri-Poes musiek maak…
517,133
Ek het by die event aangekom net na een uur en was gegroet deur vriendelike gesigte, nie net deur die mense wat daar gewerk het nie, maar selfs die mense wat die event kom bywoon het. Almal het opwinding en ‘n soort verwagting gedra op hulle gesigte en in hulle oë.
517,134
Die bussie van die Wes-Kaap se span het laasjaar aanhoudend gebreek en ons geweldig baie geld gekos. Ons wou so graag die bus vervang, maar die geldsake het nie goed gelyk nie. In Desember het die bussie vir die soveelste keer gebreek en ons moes ’n besluit neem. Die bussie was gedaan. Ons neem toe ’n geloofstree …
517,135
Toe kom die eerste deurbraak. Die Here stuur mense wat belowe om ons maandelikse paaiement te help betaal en ek besef dat ek iets kan soek wat nie heeltemal so oud is nie. Die volgende wonderwerk was toe die handelaar vir ons ’n ou bussie teen ’n baie goeie prys aanbied! Ek was in ekstase: ons sal ’n baie netjiese bussie met slegs 92 000 km op die klok kry. Ek besluit om dit te koop. Ons doen aansoek vir finansiering en ek verwag ’n oproep met die ja-woord …
517,136
En toe val my wêreld inmekaar, ’n week en ’n half voordat ek die bussie moet hê. Die bank vra ’n groter deposito, en ek vind uit die paaiement is ook baie meer as waarvoor ons gehoop het. Die rentekoers was prima plus 4%. Ons kon dit eenvoudig nie bekostig nie.
517,137
Meeste persone was ook van mening dat dié omstrede jeugleier nie naastenby genoeg gestraf is vir sy verskeie oortredings die afgelope tyd nie.
517,138
Ek doen ‘n ernstige beroep op U om verantwoordelikheid te neem vir u toekoms en nie net vir u toekoms maar vir die toekoms van hierdie wonderlike land ons ons. Ons, die jeug is dit aan ons voorouers en almal wat hul lewens neergele het om die Vryheid van ons almal te verseker, verskuldig. Ons nasionale krises vandag is die wrede aanslag op ons jeug deur dwelmhandelaars en ander negatiewe invloede van die samelewing.
517,139
Jaco Losgelaat is reeds 'n bekende kunstenaar van die Kaap en is al goed gevestig in die musiekbedryf. Met sy energieke jong voorkoms gee hy kleur aan enige funksie of partytjie vir die laaste 6 jaar! Jaco het alreeds gehore vermaak regoor die Wes Kaap, wat vertonings insluit by die ABSA KKNK, Hermanus Walvisfees, Winter WonderLand, om maar 'n paar op te noem, en het al skouers geskuur met 'n paar van ons land se groot kunstenaars! “Gee my ’n kans. Ek is LOSGELAAT in die musiek wêreld om 'n verskil te maak. Gee my net een gleuf by jou geleentheid. Jy sal nie spyt wees nie!" Bookings: 0813577543 Email: info@losgelaat.co.za
517,140
Hy gaan na ’n webwerf toe (kom ons noem dit UmhlabaWethu.co.za) en maak ’n kaart oop wat hom elke eiendom in Suid-Afrika laat sien, gewaardeer deur die eienaar van die eiendom. Hy kan enige eiendom koop deur net op die eiendom te klik, teen die prys wat die eienaar vra. Die reg om uit te sluit, ’n belangrike deel van private eiendomsbesit, word geskrap in die nuwe stelsel.
517,141
“ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n faktor wat noodsaaklik is vir die bedryf van die markekonomie.”
517,142
Kragtens ’n Cost word ’n gedeelte van die gebruikswaarde openbaar en oorgedra aan die publiek deur die belasting; hoe hoër die belasting, hoe hoër die gedeelte van gebruikswaarde wat oorgedra word.” Daarom sal alle eiendom in ’n permanente veiling wees, waar die eienaar die prys bepaal (maar vir dié prys in belasting betaal).
517,143
Gestel ’n private belegger wil ’n hoëspoed-enkelspoor in Kaapstad bou. In dié stadium sal dit amper onmoontlik wees, omdat die eienaars van eiendomme op die voorgestelde roete hul eiendom sal terughou om ’n hoër prys te kry, met die wete dat hulle monopolistiese onderhandelingsmag het.
517,144
’n Cost sal ’n belegger in staat stel om al die eiendomme aanlyn teen die gelyste prys te koop, hulle te kombineer en die enkelspoor te begin bou. (Hy moet natuurlik ook die eiendom waardeer en belasting betaal. As ’n ander belegger meen hy kan ’n winsgewender enkelspoor bou, mag hy slegs die oorsponklike belegger se gebruiksreg uitkoop).
517,145
Dit verminder nie net ongelykheid nie (met 4 Gini-punte volgens hulle berekeninge), maar is ook ’n subsidie vir die armstes. In Suid-Afrika, sal Cost gekoppel aan ’n Big ver meer doen om armoede te verminder en ongelykheid te takel as ’n beleid soos onteiening. Onproduktiewe grond sal ’n regstreekse koste vir die hele gemeenskap wees; hoër eiendomswaardes beteken meer belasting en beteken dat meer aan almal verdeel kan word.
517,146
Soos die outeurs dit stel: “ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n noodsaaklik faktor vir die werking van die markekonomie.” “Die verdeling van rykdom sal verder ooreenstem met die algemene siening oor geregtigheid. Rykdom word selde uitsluitlik geskep deur die optrede van die mense wat onder kapitalisme daarvoor betaal word. Hulle trek gewoonlik voordeel uit die hulp van vriende, kollegas, bure, onderwysers en baie ander mense wat nie ten volle vergoed word vir hulle bydraes nie.
517,147
Ek is n plat op die aarde mens, eerlik, lojaal, liefdevol, prettig en vol lewe. Ek is n buitelug mens wat graag kamp, visvang, swem, dans, lees, lief vir musiek en mal oor die see
517,148
Die boukontrakteur wat betrokke was by die aanbouings aan die huis in Alberton wat Maandag ineengestort het, gaan help om vir die sewe werkers wat dood is se begrafnisse te betaal.
517,149
Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê daar is nie planne ingedien vir die aanbouings aan die huis in die Meyersdal Eco-landgoed nie.
517,150
“Enige bouer wat ‘n struktuur wil oprig, moet eers planne vir goedkeuring indien, soos wat deur die wet vereis word.”
517,151
Net geweet daar is weer iets onwettigs aan die gang so MNR ek sal so dink jy moet betaal vir die mense se begrafnisse jy moes mos kennis dra dat daar planne moes wees weereens probeer skelm wees vir geld geld geld!
517,152
Is die Bouer ‘n goedgekeurde bouer, seker nie, want dan sou die struktuur nie ingeval het en hy nie gebou het sonder planne…… Die persoon het nou groot waardeskuld en ek twyfel of hy dit in sy lewe sal kan terugbetaal.
517,153
Jy weet ek wens die godsdienstiges wil besef dat hulle nie die enigstes is met ‘waardes’ nie. En dat die afwesigheid van godsdiens nie die onmiddellike ineenstorting van die samelewing in `n Babiloniese orgie impliseer nie.
517,154
Ek vrees die klomp goed begin nou besef dat hul argumente vol gate is en dat die sekulêre wêreld hulle gaan bekamp omdat staats geld nie links en regs geblaas kan word op hulle persoonlike voorkere nie.
517,155
Drie boe­ke is in die nu­we kin­der­boek-ka­te­go­rie vir Sa­la-pry­se ver­eer waar­van die kin­der­rym­pies Moe­nie hier­die boek eet nie! en die pren­te­boek Daar’s nie ’n kro­ko­dil in hier­die boek nie deur Ja­cobs ge­skryf en deur La­pa uit­ge­gee is.
517,156
Dit is ‘n stresvolle gedoente om vir ‘n sang-oudisie te gaan! Des te meer as jy niks van gehoortoetse af weet nie.
517,157
Hulle aanvaar dat almal hard werk en probeer om die werkslas so billik as moontlik oor die personeel te versprei.
517,158
Hou van alles wat "lekker" is - sal jou soos 'n dame laat voel en al die regte "knoppies" druk. Kom ons probeer...
517,159
1 Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5
517,160
5 Groepstudie 3 4 Maart 2. Die wat treur i. Wat is vir jou lekker van ons gemeente? ii. Hoe voel jy oor waar jy tans in jou lewe is? (As jy wil deel.) ii. Bid dat die Gees julle sal seën met insig en n openbaring van God. iii. Lees Matt. 5:4. Lees dit self deur en dan iemand uit die groep. iv. Hoe verstaan jy dat iemand geseënd is as hy huil? v. Bedoel die gedeelte dat as jy n Christen is, jy baie gaan huil, anders is jou geloof nie opreg nie? vi. Treur is deel van die sondige lewe, hoe beleef jy die seën? Kyk na Jes. 43:1-5, Joh. 11:33-38 en 2 Kor. 4:16-5:2 vii. Waarin lê die troos vir ons wat huil? viii. Kyk ook na Joh.14:12-17 en 16:19-24,33. ix. Die Gees troos natuurlik deur Woord, gebed en ander gelowiges. Wat is ons verantwoordelikheid? x. Wat het jy gehoor? Treur jy of ken jy iemand wat treur? Is ons as gelowiges n troos vir die wat treur?
517,161
Hier is ‘n recording van die stuk deur Gomgat Bloukaas. Ek het my gat af gelag, die kak kombuistaal is toe nou nie so maklik om te verstaan nie! LOL
517,162
En Jack Parow gaan groot word hier aan die ander kant van die wêreld. Hy is in Julie in Amsterdam, saam met Die Heuwels Fantasties. En ek het my kaartjie gekoop 😛
517,163
Die Hollanders moet maar hulle klompe vat en gaan kaas maak 'n stompie of twee gaan rook in Amsterdam!
517,164
Crown is 'n industriële gebied van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se B-streek geleë en word grootliks deur Swartes bewoon.
517,165
Plante wat algemeenin Marlothparkvoorkomenverwydermoet word, is die Demoinabossie, Paraffienbos, Lantana, Nagblom, Gansvoete, Garingboom, Donkie Ore, Duiwel se ruggraat , Kandelaarplant, AmerikaanseGaringboom, Aartappelrankeren dieBegraafplaasblom.
517,166
Bêre altyd jou medisyne op ’n veilige plek in die huis en ook in hul oorspronklike verpakking sodat jy dit kan weggooi as dit verval het en ook seker is van die dosis wat die dokter voorgeskryf het.
517,167
Kry alternatiewe oefeninge wat jy binne die warmte van jou eie huis kan doen. As jy wel siek word, staak alle vorms van oefening tot jy gesond is.
517,168
Dit is moeilik om in die winter gesond te eet, maar as jy reg eet sal dit sorg vir ’n gesonde vel en ’n sterk immuunstelsel. Eet genoeg groente en vrugte om seker te maak jy kry al die nodige vitamines wat jou lyf nodig het. Moet ook nie vergeet om genoeg water te drink nie.
517,169
Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97592
517,170
Die sogenaamde nasionale uitsaaier, die SAUK – of dan die SABC, soos die nuwe regering dit graag genoem wil hê – het weer op Afrikaans toegeslaan, en dit lyk vir my niemand het dit agtergekom nie. Altans, nie waarvan ek bewus is nie.
517,171
'n Groot soektog is van stapel laat loop na die moordenaars van 'n hoewe-eienaar gisteraand buite Tzaneen.
517,172
Sy huishulp is verkrag. Sy het 'n geraas gehoor en uitgegaan om te kyk wat aangaan toe sy ook oorval is. Twee van die booswigte het haar in die huis ingesleep en haar daar verkrag.
517,173
Orbanskool is 'n dubbelmedium privaat skool in die hart van Johannesburg. Ons is tans besig om hierdie webwerf te herbou. Kontak ons ​​gerus vir enige inligting wat nog nie hier gelaai is nie.
517,174
Ons Graad R-kindertjies word as die leiers van die kleuterskool beskou en nie as die laerskool se babatjies nie...
517,175
Ons raad bestaan ​​uit huidige ouers van die skool wat bereid is en belangstel om verantwoordelikheid vir die skool se bestuur te aanvaar.
517,176
Ek is n stil , partymaal maar skaam mens . Maar hou van geselskap. Hou van rustig verkeer met n Movie of dalk n interesante boek. Hou van my online games. Is n familie mens . Hou van sosiaal verkeer , braai en gesellig wees. Wil ook he mense moet weet. Ek is werkloos. Sukkel om n werk te kry, so ek kyk maar na my ouma daagliks , sy is nie gesond nie en is vir my belangrik dat ek daar kan wees vir haar. So dit wat jy hier sien , is wat jy kry. Ek is wie ek is en sal my vir niks en niemand verander nie.
517,177
Moet iemand wees , wat nie vol strooi is nie , en my sal aanvaar vir wat en wie ek is.. Iemand wat sy alles met sy beste vriend sal wil deel en nie leuens vertel nie. Iemand wat net daar sal wees vir jou deur duk en dun. Iemand wat bereid sal wees om my te aanvaar vir wie en wat ek is. So dit moet iemand wees wat my sal kan aanvaar net soos ek is en nog steeds die mooi van die lewe kan ervaar saam met my.
517,178
Idma Kapel is geleë op ’n druiwe- en groente-plaas buite Klawer onderweg na Vredendal in die hart van die Olifantsriviervallei.
517,179
Januarie is stokperdjie-maand en ons almal het ’n stokperdjie of drie waarvan ons baie hou. Of jy nou daarvan...
517,180
Vandag word Wêreldtraumadag regoor die wêreld herdenk. Die dag fokus op die kritieke rol van doeltreffende hospitaal-traumasorg tydens die...
517,181
Ons Graad R-kindertjies word as die leiers van die kleuterskool beskou en nie as die laerskool se babatjies nie. Hoewel baie van hulle leer steeds deur middel van spel plaasvind, begin dit meer struktuur aanneem en word dit bietjie meer formeel aangebied.
517,182
Ons hoofdoel is om vertroue en 'n gevoel van prestasie in elke individu as basis vir toekomstige leer te vestig. Die fokus is dus nie om hulle te leer lees en skryf in hierdie vroeë stadium van die grondslagfase nie, maar om die selfvertroue te leer om te besef dat die wêreld hul oester is. Alles is moontlik.
517,183
Het jy enige foto's van die Borstlap Familie - Jou Pa, Oupa, Oupagrootjie of enige iets, 'n huis waarin iemand gebly het , 'n motor, perd, ens. ja enige foto wat 'n storie vertel van die voorgeslagte van die Borstlap familie - Wel as jy het en jy wil dit graag met die res van die familie deel sal ons 'n afskrif daarvan wil maak - so kliek op kontak skakel hier onder en laat my weet van jou foto's en ek sal met jou reël om 'n afdruk te laat kry.
517,184
As 'n bestuurder wat jy wil hê jou besigheid te laat groei en sukses te behaal. In hierdie spel van Barbie, jy is die bestuurder van 'n blomme winkel. Jou doel is om te verkoop soveel blomme as wat jy kan so vinnig as moontlik en die geld het deur Barbie samel. Elke meisie, sal 'n kombinasie van verskillende blomme en 'n kaartjie vir die meisies vra skryf 'n boodskap. Jy moet sit in die pot al die blomme aangedui. Klik op die versoek om blomme vaas, voeg al 3 blomme in dit, kies die kaart kleur, die verkoop van die blomme en versamel die geld te bevorder na 'n ander vlak. Baie geluk!
517,185
Dis nice om te sien dat die brand manager van Stella Artois se spelling net so kak soos sy smaak in fotos is #Soreloser
517,186
Neels Ons het baie jare terug op Bloemspruit saam gewerk. Ek was die fotograaf daar. Julle het 'n pragtige blad.
517,187
Hello Ek wil weet of daar enige Botes lede is wat sal belangstel om my boek aan te skaf wat ek besig om te skryf rakende die Botes familie stamregister. Ek is reeds die afgelope 20 jaar hiermee besig en is in die finale fase om dit in boek vorm te sit. Indien julle belangstel sal ek dit waardeer indien jy julle info vir my kan stuur sodat die boek meer persoonlik kan maak. Stuur vir my 'n boodskap dan verwys ek jou na my webblad aangesien ek nie die link hier geplaas kry nie. Groetnis en hoor graag van jou Willie PS Marihen Bortslap en Petrus Botes is my oom en tante
517,188
Neels, Ek was baie verras toe ek jou web blad by Mirranda gekry het. Ek sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek is ongelukkig net 'n kort tydjie in Suid Afrika en vertrek eersdaags India toe met die genade van die liewe Heer en sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek werk al 15 jaar vir Lurgi in Duitsland en reis maar baie rond om die wereld met my gesin. My moeder en my suster bly tans in Paternoster en ons gaan gereeld Kaap se kant toe. Ek is tans in Sasolburg en my nommer is 0169761968 of 0769710038 Groete, Wimpie Mouton
517,189
Hanlie julle het n baie oulike website. regtig iets besonders. ek sien op FB van jou seun se siekte, en my hart is baie seer vir julle. mag Jesus jul almal die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan, en deur hierdie tyd bring. liefde Amanda ns. my pa was saam met jou man in ICU, ek werk vir drs Haasbroek
517,190
Hey Johanei Ek is mal oor die webtuiste ek kan sien jou pa het baie moeite daar in gesit en ek hou van die foto's jy het baie oulik gelyk toe jy klein was. Annika
517,191
Hi daar Borstlap-familie. Dit was baie interessant gewees en ek moet se die stamboom uitleg ens. het my baie deurmekaar gemaak, ek wil nie eers weet hoe baie moeite dit was om dit uit te werk nie.Maar baie geluk met julle stunning website. Julle is 'n baie oulike, hegte gesin. Ek kan maar net hoop om ook eendag so 'n gesinnetjie van my eie te he. Groete Ellen
517,192
Bortslap gesin, Ek is ook 'n afstammeling van die Groblers. My ouma is met Hendrik Frederik getroud en sy pa was die eerste landdrost in Potchefstroom 1841 asook agerende President volgens my ouma se geskrifte. Ongelukkig loop alle besonderhede by hom dood behalwe wat my ouma geskryf het. Ek het nou eers onlangs begin navorsing doen. My ouma se ma was weer 'n Erasmus gewees familie lid van die Spookhuis in Pretoria. Ek het dit geniet om deur jul geslag register deur te blaai, veral die baie besonderhede van die Voorvader en Moeder. Groete van Bettie Hayes.
517,193
Dit was voorwaar 'n plesier om na julle webblad te kyk. Neels ek onthou nog julle gesinsfoto wat jy by jou naam het soos gister. Die idee om 'n webblad met al julle fotos te maak is 'n briljante idee. Ek het so in vervoering geraak toe ek hierdeur gegaan het. Die tyd het sommer gevlieg. Baie geluk met julle begaafde kinders. Voorwaar 'n trots. Groete Rutna
517,194
Hallo almal Ek sit vandag hier en besluit om weer 'n bietjie te surf op julle webtuiste. Dis sooo lekker om al die fotos van almal te sien. Al die fotos laat my terugdink aan my kinderdae op Vaalharts,dit was wonderlike tye. Elke naweek het ons gekuier, gebraai. Ou Chris was mal oor braai en mamma Bessie is glad nie lief vir braaivleis..... So het elkeen se pad sy eie rigting gegaan en dink ek hierdie webtuiste is 'n wonderlike geskenk van julle af. As iemand fotos van ou Chris Verwey het moet julle dit asseblief bietjie op die web laat sit, ons het nie baie fotos van daardie kuiertjies nie. En dit was baie Special. Met my en Christo gaan dit goed, ons is in die Strand en geniet elke oomblik van die see. As CJ en Liane op die strand is, lyk ons soos Transvalers, hulle kom net nie oor die see ding nie. - Dit is somer lekker om van jou te hoor en van die lekker vakansie - Jy moet bietjie gaan sit en iets skryf oor jou pa (Chris) en sommer sy lewensverhaal kortliks beskryf - vra vir ma Bessie om 'n paar van julle foto's saam julle pa (Chris) aan te stuur dan maak ons vir hom 'n memory bladsy op die webblad.. Ek wag vir jou stukkie.
517,195
Hi julle almal. Wat 'n wonderlike voorreg om mense soos julle te ken. Ek het vanoggend weer na 'n lang tyd julle website besoek en heerlik saamgekuier, gelag en gehuil. Hanlie, my hart is saam met jou seer oor Oupa Kraai en Ouma Marie. Hulle was vir so lang tyd deel van ons lewe ook. Ek het die nuus van Mari se verlowing met baie gemengde gevoelens ontvang. Ek is baie bly vir haar, maar het iewers diep in my binneste altyd gehoop sy en JL kan afhaak. Ek weet sy sal die wonderlikse dogter wees wat enige iemand kan bykry. Nogtans is ek saam met julle bly. Dit gaan goed met almal. Die kinders word groot, en ons word oud. JL doen baie goed in sy werk. Oorweeg nou 'n verplasing na 'n groter tak, Kathu, met 'n groter salaris. Ek huil al klaar oor sy weggaan, maar groot word moet hulle groot word. Ek sal hom nie vir ewig onder my vlerke kan hou nie. Mamma het Douglas toe getrek. Wonderlik om haar so naby te he. St. Lucia was vrek ver. Baie dankie vir die inpirasie wat julle vir my is. Ek is baie lief vir julle. - Ag jy is 'n Darling en ons hou baie baie van jou Groete xxxxxx
517,196
Ai my liewe kind - dis so wonderlik om so mooi briefie van jou te kry - jy laat die water uit my oë loop. Jy is baie spesiaal vir ons en ons LIEF jou ook baie!
517,197
Ek is opsoek na die Grobler voorgeslagte toe ek op hierdie pragtige webtuiste kom. Baie geluk hiermee. Anna
517,198
Baie dankie vir die kompliment. Ons leer maar nog elke dag oor webblaaie. Ek is ook besig om my Borstlap familie se voorgeslagte op te soek. My moeder was 'n nooi Grobbelaar en daarom het ek redelik inligting oor die Grobbelaars ook. Stuur vir my u e-pos adres dan kan ons bietjie inligting uitruil. neels@borstlap.co.za. Groete, Neels Borstlap
517,199
Hey mami en papi ek love nog steeds die website maar oh ek will net se upgrade 'n bietjie daai fotos en deel van my met meer of nuwe fotos asb. Verder briljant man ek love dit so so so so so so so so baie en sal altyd en ag man ek is te veel lief vir julle dit maak my skoon duislig as ek dink aan die groot getal wat is glo my dis 'n groot groot groot getal lief julle baie