id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
517,000
Ek seën jou, _______________, met die uiterste beskerming van vrede wat God gee aan diegene wat saam met Hom in sy guns wandel. Ek seën jou dat jou vyande in vrede met jou sal leef omdat hulle God se hand op jou sien. Ek seën jou met hierdie seëninge in die naam van Jesus Christus van Nasaret.
517,001
Die Dameskring het gegroei oor die afgelope paar jaar tot ‘n dinamiese organisasie vir vroue. Foto: Facebook.
517,002
Maroela Media het vroeër berig oor die gewapende roof wat Vrydagaand omstreeks 18:50 by die tak in Duncanweg plaasgevind het.
517,003
Dit is moeilik om te voorspel wie uiteindelik die vier halfeind-spanne sal wees. Soos Johan Ackermann, afrigter van die Leeus, vroeër die week gesê het: dit is nou uitkloprugby waar jy móét wen.
517,004
Jesus is die Lewe en die Lig vir die wêreld en sonder Hom is ons sonder lig en sonder lewe. As gevolg van wat Jesus gedoen het is dit vir ons moontlik om te kan lewe in die Lig.
517,005
Vandag se kuberkinders word in ‘n kitswêreld groot waar daar baie meer kennis tot hul beskikking is as dertig jaar terug. Ek verstom my altyd aan die manier waarop kinders, […]
517,006
“Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en […]
517,007
Die Mach 4-span van die Laerskool Witpoort naby Bapsfontein het vroeër vandeesmaand die eerste plek behaal in die distrik se F1-resies vir skole.
517,008
“Behalwe vir die ontwerp van die motor en die resies wat hulle jaag, moet hulle self die bemarking doen en die borge werf.
517,009
Terwyl boere in sekere dele van die land ’n sug van verligting kan slaak oor verligting wat die reën gebring het, gaan die boere in veral die Suid-Kaap nog steeds onder erge droogtetoestande en watertekorte gebuk. Tisha Steyn gee ’n oorsig van die omstandig-hede van die boere in die Klein-Karoo.
517,010
Dit is die versugting van die meeste boere in die Klein-Karoo – boere wat die afgelope vier jaar in die wurggreep van die ergste droogte in dekades is en wat met ’n oog op die hemel probeer oorleef.
517,011
Volgens De Jager help die bank elke boer op sy eie meriete. “Die boer moet saam met sy finansierder bepaal hoe die situasie binne sy boerderyonderneming bestuur kan word.”
517,012
De Jager sê daar is verskeie opsies soos om die skuld te herstruktureer en betalings te kapitaliseer. Die boer kan ook sy finansieringstermyn verleng ten einde die druk op sy kontantvloei te verlig.
517,013
Hulle het Danie Erasmus, ’n vragmotorbestuurder van Labucon, Saterdagoggend in die snerpende koue saam met hul vroue en kinders ingewag by die skuur waar die mielie-skenking afgelewer is.
517,014
Daar was nie ’n enkele droë oog die oggend toe Elise Lerm, ’n plaaslike inwoner, in ’n gebed vir die skenking dankie gesê het nie. “Dit is swaar om swaar te kry. Ons is dankbaar dat mense hul harte oopgemaak het – ons weet die voer kom van die Here af,” het sy gebid.
517,015
Laubscher Coetzee, ’n volstruisboer van Volmoed buite Oudtshoorn, sê die droogte vererger die druk waaronder volstruisboere daar reeds verkeer as gevolg van ’n verbod op die uitvoer van rou en gaar vleis na die Europese Unie. Dit is alles omstandighede buite ’n boer se beheer, sê hy.
517,016
Volgens Johan Fourie, ’n raadslid van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal werkers wat plase moet verlaat waar die boerdery noodgedwonge tot stilstand gekom het, ’n heenkome op die dorp kom probeer vind.
517,017
Ek is 'n rustige persoon op my plek en is mal oor die natuur en nou en dan 'n glasie wyn ek kyk meer na innerlik as uiterlik.Ek is 'n fun loving persoon
517,018
Die skare het om die motor saamgedrom en gejil en hande geklap toe die man uiteindelik wou ry. Dis duidelik in die video dat hy net so gou as moontlik van die skare wou wegkom, en sy bande skree toe hy uiteindelik wegjaag.
517,019
Ek het ‘n plakker gehad met die kenmerklike rystoel op en dit het vir my meer hartseer gegee as plesier. Ek het al meer tyd in die hof spandeer oor boetes wat vir my gegee word deur beamptes wat nie die moeite doen om te kyk vir die plakker nie want ek loop mos met ‘n loopraam en daar is geen teken van ‘n rolstoel huiser aan my motor nie.
517,020
Ek het vir een so ‘n dame gesê: “Die parkeerplek is vir liggaamlik gestremdes, nie vir verstandelik gestremdes nie”. Sy het nie geantwoord nie.
517,021
Hier by ons sentrum is nie so n probleem nie. As jy daar parkeer en jy vertoon nie jou rystoelskyfie nie, word jou wiele geklamp en dit word nie verwyder voordat jy nie n R500 boete betaal het nie. Glo my, dit werk!!!!
517,022
Ja ons hier in die Kaap doen alles in ons vremoe om water te bespaar maar die realiteit is daar is diegene wat hulle nie regtig daaraan steur nie.
517,023
Wat ń puik skrywe, Abrie! Meeste van ons se harte kry bitter swaar oor die water krises, en die stuk raak diep.
517,024
Ek verstaan heeltemal jou emosies. En ja jy is heeltemal reg ons hoop is op die almagtige voorsiende God
517,025
Lugredery is 'n organisasie of maatskappy (lugvaartmaatskappy, lugdiens) wat passasiers of goedere (vrag) per vliegtuig vervoer. 'n Lugredery kan so min as slegs een vliegtuig besit of 'n vloot van honderde vliegtuie.
517,026
Voordat ons met ons dramaklasse gaan begin, moet jy eers ontspanne en opgewarm wees. Is jy gereed? Kom ons begin. Jou opvoeder sal jou deur die volgende oefeninge lei en verduidelik waarom jy dit doen.
517,027
Met hierdie oefening moet jy streef om jou borskasholte te vergroot om sy funksie van resonansie vir die stem te verbeter.
517,028
Wel, wel, wat kan ek sê? Dis die wonderlike ding van kennis: wanneer jy dit het, kan niemand dit van jou af wegneem nie. En Babette, dames en here, het dit in oorvloed... Nee, ek is nie op ’n estrogeen oordosis nie, net all oor die dose.
517,029
Ek verdien my ponde hedendaags, of te wel snags, deur sekspraatjies oor die foon met bleeksiel rooinek mans te praat. Yup, foonseks. Teenstrydig met die algemene siening hou hierdie mannetjies tog soo van die Suid-Afrikaanse aksent. Hulle hang as’t ware aan my lippe. Of wil graag. Ahem. Behalwe dat die betaling goed is, is die nuwe posisie ook baie insiggewend.
517,030
dra dit aan die Breë Moderatuur op om die stukke van die NG Sendingkerk te bestudeer en onverwyld met die NG sendingkerk hieroor in gesprek te tree.”
517,031
“1.3.2 die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake en die Algemene Regskommissie ontvang die opdrag om in die lig van die” Antwoord van die Breë Moderatuur aan die NGSK oor die Konsepbelydenis” (Agenda 1 986 pt 2.1.3.1.6 op bl 22) asook ander tersaaklike stukke soos bv die studiestuk van die Sinodale Kommissie van die NG Kerk in SA, Agenda beskrywingspunt B4.5 (op bl 452) die nuwe “Kerk en Samelewing” en alle besluite van die NGSK Sinode, asook die Acta van die Algemene Sinode 1982, wat ons verhoudinge raak die Belharbelydenis te beoordeel en ‘n verslag aan die Breë Moderatuur voor te lê.
517,032
Daar is baie mooi goed hierin (soos die deel oor belydenis wat soos hoes is), en ook goed waarmee van ons dalk vandag sal verskil (soos die evaluasie van Kairos), maar hier is die punt wat belangrik is:
517,033
“Sonder vrees vir teenspraak kan gese word dat die positiewe uitsprake van die BB in ooreenstemming met die Skrif en die gereformeerde belydenis is en daarom deur die NGK onderskryf kan word.”
517,034
* Daar was ‘n fout in die oorspronklike weergawe van hierdie blogpost. Die eerste besluit wat nou korrek as ‘n besluit van 1982 se Algemene Sinode aangedui was, was oorspronklik verkeerdelik as ‘n besluit van 1986 se Algemene Sinode beskryf. Vir deursigtigheid kan die oorspronklike weergawe hier gelees word. Dit verander egter niks aan die argument nie.
517,035
[…] gesprek is hierdie twee opsies is nie teenoorstaandes nie. 2.2 van die voorstel is egter in lyn met alles wat die Algemene Sinode voorheen gesê het. Die voorstel aanvaar dat beide groepe aanvaar dat hierdie dokumente wat deur die destydse NGSK as […]
517,036
[2] Petrus Casier het in Augustus 1663 met die skip Meerman aan die Kaap gekom. Op 3 Januarie 1664 het hy met 'n ander skip na Indië vertrek.
517,037
Sadou het Vrydagmiddag gesê hy is nog besig om die brief te verifieer aangesien briewe van Cosas gewoonlik deur die sekretaris-generaal uitgereik word en nie deur die president, soos in dié geval nie.
517,038
Een van die temas van die gemeente se luisterseisoen was die uitnodiging om 'n familie te wees. Op die 26ste September het die gemeente se medewerkers saam geeët aan 'n lang S-vorm tafel. Ons het saam gekuier en dankie gesê vir die voorreg om die Here ook in die...
517,039
Dialoog is vir ons belangrik. As jy hierdie skakel volg kan jy luister na audio en kyk na videos wat ons help om as dissipels van Jesus te groei. Dit sluit on preke in.
517,040
Na jare van versoeningswerk in Ierland wil Wilhelm Verwoerd vrede maak met sy eie omstrede familie. In sy soektog na begrip kom hy af op sy ouma, Betsie Verwoerd, se dagboeke, en voer hy openhartige gesprekke met swart vriende en met sy ma. 'n Intieme, openhartige blik op wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika met integriteit te leef.
517,041
Die enjin is maar net 375 cc, maar moenie dat dit jou flous nie. Die Husqvarna is baie lig en klein, wat hom rats maak in die verkeer. Hy kan ook maklik 160 km/h handhaaf op die snelweg. Omdat daar nie windbeskerming is nie, raak dit egter onaangenaam om hierdie spoed vol te hou, maar die Sweed kan as dit moet.
517,042
Die Vitpilen was werklik ʼn fees om te ry. Net soos die KTM 390 waarop hy gegrond is, borrel die enjintjie van entoesiasme, en jy kan die 401 maar gooi om ʼn draai. Daar is genoeg woema, mits jy die enjintjie aan die kook hou. Die fiets is amper belaglik klein, so as ʼn pendelfiets is hy ook ideaal.
517,043
Moenie agterstevoor na iemand toe aankom nie: hy sal dink jy lyk rondom so. Dít is die eerste aanhaling van Langenhoven wat ek as kind geleer het – en van toe af is ek verslinger op ons eie weergawe van die 17de eeuse spreukemaker, François de la Rochefoucauld (1613 – 1680). Dié het roem verwerf met sy spitsvondigheid, sy skerp insig in en sy afsku van 'n wêreld waar die beste gedrag en optrede geïnspireer is deur selfbelang en agterbaksheid. Langenhoven is milder en ook – meestal – minder venynig van geaardheid as die Franse hertog, maar bly sy gelyke in die klaarheid van sy blik en die briljantheid van sy humor.
517,044
Om by voorbaat saam te vat waarop ek my vandag wil probeer toespits, sou ek sê dat hoewel daar by Langenhoven telkens 'n versugting bestaan na stille waters, na waters waar rus is, as uitgangspunt vir sy ontdekkingstogte in die skryfmedium, daar byna altyd 'n duiwel onderkant die stille waters ronddraai. Dit mag by hom selfs 'n mediese, fisiologiese herkoms gehad het, gedagtig aan sy verwysings na die "blou duiwels" wat hom lewenslank bly teister het: dit wil sê alkohol en 'n psigiese toestand wat daardeur vererger is. Maar selfs ás dit so was, dan is dit net 'n klein beginpuntjie vir iets oneindig meer verwikkeld en indrukwerkkend. Daarvandaan kring dit ver uit na die vorm wat vir ons vandag ter sake is, naamlik die verskyning van 'n onverwagte element in 'n andersins gewone, bekende of voorspelbare konteks. In vandag se gesprek gaan dit vir my om sy virtuose verruiming van Afrikaans deur die wonderlike verskeidenheid taalvorme en genres in sy spreuke en sy kinderverhale, spookstories, samesprake, ernstige diskoerse, komiese (of soms kosmiese) sketse, sy realistiese of fantastiese vertellings, waarin hy eksperimenteer met vertellers en vertelsituasies, om iets totaal ongerymds in reliëf te stel teenoor die gewone of die ernstige. Hy wil met ander woorde die leser tot nadenke skok deur die verrassende te omraam met die alledaagse, of – omgekeerd – die gewone met die heeltemal onverwagte. Veel van sy unieke humor en sy houvas op die leser word hierdeur bepaal en onvergeetlik gemaak. Dit spreek vanself dat mens binne die bestek van één lesing nie naasteby na die hele omvattende oeuvre kan kyk nie: daarom stel ek voor dat ons, afgesien van 'n paar algemene opmerkings, net enkele tekste uitsonder vir nadere beskouing.
517,045
Ten eerste is daar die spreuke uit Aan stille waters I, en uit Deel II van Ons weg deur die wêreld, maar ook ingebed in talle verhale en artikels in Langenhoven se epigrammatiese manier van dink en skryf. Elke spreuk wat hy opteken, berus op 'n teenstelling, soms selfs 'n teenspráák. In dié uit Aan stille waters lê dit dikwels (maar lank nie altyd nie) sigbaar op die oppervlak, maar natuurlik met die deels versweë of verborge betekenis wat in die betreklik onlangse opkoms van die eg-Afrikaanse verwysing na die oortjies van die seekoei geïllustreer word:
517,046
"Aan elke silwerrandjie hang 'n wolk" – waar die betekenis op papier volledig berus op 'n bekende – maar afwesige ­– verwysing. Soos ook in: "Alle paaie lei na Rome – en weg daarvandaan". Of: "Elke einde is 'n begin". Daarvandaan is dit maar 'n hanetreetjie na: "Al ons groot manne is in die graf", of: "Moenie buite soek wat binne makeer nie". Hier bestaan daar nie 'n bekende gesegde wat afwesig is nie, maar is daar 'n afwesigheid bínne die gebruikte sin self: dus 'n afwesigheid nie in die woorde nie, maar in die logika van hulle vermoedelike of verwagte betekenis.
517,047
In Ons weg deur die wêreld raak dit veral opwindend waar 'n spreuk (en verkieslik 'n spreuk wat reeds op 'n dubbeldoor-inhoud gebaseer is), dadelik gerelativeer of uitgebrei of selfs teengespreek word deur 'n kommentaar wat in hakies daarop volg. In die literatuurteorie van die twintigste eeu neem Bakhtin steeds 'n sentrale plek in met sy onthullende navorsing in die dialogiese aard van taal. Maar laat ons nie vergeet nie hoedat Langenhoven, min of meer sy tydgenoot, op talle openbarende maniere die dialogiese 'n uitgangspunt van sóveel van sy geskrifte gemaak het: die gereelde "dialoog" tussen Sagmoedige Neelsie en sy versondigende bure; die "dialoog" tussen regeerders en regeerdes; tussen doppers en filistyne; tussen Nat en Sap; tussen Engels en Afrikaans. Dit raak besonder spitsvondig – én dikwels verrassend diepsinnig – in situasies tussen Neelsie en Oom Stoffel in die reeks sketse waarin eerste- en derdepersoonsprekers as 't ware op 'n postmodernistiese manier omgeruil word sodat oom Sarel, die fiktiewe of narratiewe karakter, die verteller is wat praat óór sy jong vriend Neelsie, dit wil sê die eintlike "skrywer" van die teks – 'n tegniek wat heelwat later ontwikkel word deur, byvoorbeeld, Etienne van Heerden in Die stoetmeester. Maar daar is ook nog die dialoog tussen Loeloeraai en aardbewoners, dus nie net tussen twee ruimtes nie, maar tussen twee soorte ruimte, twee maniere van dink oor ruimte. En uiteindelik is daar die belangrikste soort dialoog, soos wat mens dit by 'n hoogtepunt van die Argentynse skrywer Jorge Luis Borges aantref in "Borges y Yo": "Borges en ek", waar ego en alter ego mekaar die gesprek aansê. In dié verband voer Langenhoven byvoorbeeld 'n onderhoud met homself, soos in "Interview oor 'n lugreis". Anders is daar verruklik onthullende komiek, soos in "Neelsie en Vroutjie veg 'n duel". Soms word dit aangebied as 'n "Samespraak" en soms, in dieselfde afdeling van Ons weg deur die wêreld I, selfs as 'n "Alleenspraak".
517,048
Maar die mees spesifieke demonstrasie van die dialogiese spreuk is sekerlik die "Duisend spreuke" (eintlik – en nie verniet nie! - is daar glad nie 'n duisend nie, maar 1034) in Ons weg deur die wêreld II. Mens sou 'n hele lesing kon wy aan die tegnieke en die denkwêreld wat in dié spreuke ontgin word, maar selfs 'n klein en lukraak keuse kan al die reikwydte van hierdie wêreld demonstreer. In die proses wil ek nie te veel – en veral nie te hoog-akademies - analiseer en interpreteer nie, gedagtig aan Langenhoven se eie waarskuwing in 'n ander konteks (in Donker spore): "Geen kommentaar kan van meer gewig wees as die feite self nie. En om hiervandaan, en op hierdie stadium, met teorieë voor 'n dag te kom, sou niks meer beteken nie as dom-astrantheid."
517,049
"Die verstandigste mense wat ek nog in my lewe raakgeloop het was dié wat my vir 'n verstandige man aangesien het."
517,050
Hier is die spreuk nie net gebou op die "dialoog" tussen die spreker se opinie oor die "verstandigste mense" wat hy al teëgekom het en hulle opinie oor hóm nie, maar natuurlik tussen hul uitgesproke en versweë opinies – dus ook tussen die gesproke en geskrewe woord wat vir Derrida so 'n uitgangspunt van die taalteorie geword het, en vir Italo Calvino die grondslag van die spanning binne die taal self, tussen dit wat gesê word en dit wat nie gesê kan of mag word nie: of dan eerder dit wat alleen gesê kan word danksy, of deur die genade, van dit wat altyd ongesê moet bly. Of:
517,051
"Pasop vir die man wat sy oë half toe hou. Dis nie dat hy nie wil uitkyk nie – dis om te keer dat jy nie inkyk nie. (Ons woon almal maar in 'n donker kamer met 'n baie noue skeurtjie.)"
517,052
Die "liggaam" van hierdie spreuk bied alreeds 'n "dialoog" aan tussen die verwagte en die ónverwagte, met tussen die hakies 'n gevolgtrekking wat albei sowel verlê as aanvul.
517,053
Hier beweeg Langenhoven eintlik – gewis onbewus – in die wêreld van Zen in, waar 'n koei, soos ons uit die werk van Breyten weet, 'n blom kan eet en dan verander in 'n blom wat 'n koei eet. Of in die wêreld van Berkeley waar, volgens Lewis Carroll, Tweedledee en Tweedledum baie saggies moet praat sodat die Rooi Koning wat besig is om hulle te droom, nie dalk wakker word en hulle verdwyn nie. Of ons kan gewoon terugkeer na Langenhoven wat in "Die swerwende Jood" (steeds in Uit stille waters) 'n stukkie dialoog – weer daardie sinryke woord! – aanhaal, dié keer uit 'n gesprek tussen hom en Vroutjie wanneer sy hom een oggend kom wakker maak en hom vra om haar te vertel wat hy haar die vorige aand belowe het. Hy antwoord:
517,054
"Vroutjie, daar is niks om te vertel nie. Ek het 'n snaakse droom gehad, 'n baie óú droom,'n oorgedroomde droom van my kinderjare."
517,055
"'n Vrou sien deur 'n man soos deur 'n ruit; hy sien maar sy beeld aan haar soos in 'n spieël. (As hy dan maar meer in die spieël wou kyk en sy meer deur die venster.)"
517,056
(En verniet te was nie. Want hy het hulle tog nie skoon gekry nie – hy wat met die was daarop uit was om te wys dat dit 'n onnodige was was.)"
517,057
Wat hier by 'n Bybelse verwysing begin, loop deur diep metafisiese skaduwees (van Nasaret en elders?), maak 'n draai by Dostojewski se Skuld en boete, en kom anderkant uit (as hy hoegenaamd weer uitkom?) by 'n suiwer taalspel, waar was en was ten minste twee betekenisse het. Want Langenhoven weet intuïtief wat moderniste en postmoderniste eers weer agterna met moeite moes herontdek: dat in die literatuur, soos in die lewe, alles uiteindelik teregkom in taal, in die woord; en dat, soos Derrida dit gepostuleer het, daar niks bestaan buite die teks nie.
517,058
"Ondervinding is die beste leermeester, maar die skoolgeld is meestal te duur. Hy verdrink jou om jou te leer om vir die diep water op te pas.
517,059
Dié een is duidelik meer prakties ingestel: Langenhoven ken óók, en goed, 'n boerewêreld van feite, en werk, en waarhede soos koeie (en nie noodwendig Zen-koeie nie). Maar daarby verkry dit, byna onvermydelik, 'n morele, of etiese, bestanddeel: omdat skryf as sodanig altyd vir hom 'n morele dimensie gedra het – dikwels (vir sy tyd en situasie volkome begryplik, vir ons tyd dikwels alte prekerig) ingestel op onderrig, die oordra van 'n lewensles. (Maar dit bly 'n merkwaardige deug dat hy dit meestal so sjarmant, of selfs virtuoos, regkry.)
517,060
En kyk wat nie alles in die volgende spreuk gebêre is nie! – oorlog en vrede; Israeli en Palestyn; man en vrou; 'n seksualiteit gebaseer op geweld, teenoor 'n verhouding gebaseer op denke en emosie (of sommer net, sou Neelsie wonder, op lis?):
517,061
Wat op so'n pittige manier in die kort tekste oorgedra word, word op 'n groot verskeidenheid maniere in langer tekste uitgewerk. Was daar maar tyd om uitvoeriger in te gaan op die verrassende en vir sy tyd gewaagde voorstelling van Jesus deur 'n verskeidenheid van vertellers in Skaduwees van Nasaret; of die manier waarop 'n besoeker van Venus geïntegreer word in die dorpslewe van die Karoo in Loeloeraai om groot en globale gegewens deel te maak van 'n oer-Afrikaanse wêreld; of die geskakeerde teenstellinge wat uitgewerk word tussen die ek-verteller Oom Gieljam en die "hy" wat die eintlike ek-bewussyn agter Doppers en Filistyne en 'n menigte ander tekste, kort en lank, dra; die verstommende mosaïek van lig en donker in Aan stille waters, of die donker ondergrond wat uitgewerk word agter en onder "kinderverhale" soos Die Krismiskinders, om van Brolloks en Bittergal nie te praat nie, soos ook in Mof en sy mense en dies meer. Oral en altyd is daar oënskynlik stille waters – en oral en altyd derwisje en derduiwels wat ronddraai en stof opskop of water in jou oë spat.
517,062
Maar waarby ek tog 'n wyle wil versuim, is die immergroen tweeluik, Sonde met die bure (1921) en Herrie op die óú tremspóór (1925). Albei steun op die buitenissige gegewe van Langenhoven wat 'n sirkusolifant aanskaf en met sy familie op reis gaan na en deur Meiringspoort om te ontkom aan nimmereindigende sonde met die bure en dan, voorspelbaar, sy sonde met hom saamdra. Die kielierigheid van Sonde begin net oënskynlik met die olifant as die buitensporige teenwoordigheid op 'n tipiese klein Afrikaanse dorp; maar die leser kom gou agter dat die diskrepansie eintlik in 'n ánder spanning lê, naamlik dat "hulle almal eners is en ek is nie eners nie. Ek is anders" (Versamelde werke II, 21). Buitensporige komiek en klein-realisme skep hier saam-saam aan 'n genoeglike avontuur waarin elk 'n prikkel vir die ander word, en waarin daar tog geslaag word om agter die "bont bedryf van aardse dinge" (as ek W. E. G. Louw nou reg onthou) verrassende dieper insigte in menslikheid oor te dra. In Herrie wil die ongewone manier van skryf in die titel (nie Herrie op die ou tremspoor nie, maar Herrie op die óú tremspóór) die leser al voorberei op 'n ontsporing van die gewone. Hierdie tweede teks is veral gebou rondom 'n reeks "ontmoetings" – met 'n dominee, 'n konstabel, 'n magistraat, 'n suinigaard, 'n tevrede vrou, 'n boer, 'n aspirant-skoonseun en 'n professor. Maar Langenhoven vermy 'n indruk van oormatige planmatigheid en voorspelbaarheid danksy heelwat variasie in die aard van die ontmoetings, en slaag só daarin om die onverwagsheid van draaiende derduiwels onder die oënskynlik eenselwige oppervlak deurentyd te bly stook. In plaas van sedig en swaarwigtig te bly, word die dominee 'n man wat kan skaterlag; die konstabel kan hoegenaamd niks opspoor nie; die magistraat is die teenoorgestelde van wat Sagmoedige Neelsie van hom verwag; die suinigaard is eintlik goedgeaard en vrygewig; die tevrede vrou blyk hoogs óntevrede te wees; in die boer is daar niks van die korrelkop nie: hy is eerder redelik, hoflik en saggeaard. Net die aspirant-skoonseun is presies wat hy is, soos ook die professor – maar omdat die leser teen daardie tyd ingestel is op 'n binneste-buitenste omkeer van verwagtinge, word juis dít verrassend en ongewoon. En nes die leser dít begin aanvaar het, word al die verwagtinge omgekeer: nou stel die professor nie meer ongehoorde eise aan Neelsie nie, maar bied hom 'n eregraad aan. Die wêreld is eenvoudig nie wat hy was, of wat hy veronderstel was om te wees nie. Dít is wat gebeur as jy 'n olifant op 'n kleindorp loslaat.
517,063
'n Sleutelstrategie wat in dié verhale gebruik word, het ek (soos verskeie ander kommentators) destyds al aangedui, is dat hier nêrens 'n een- of enkelvoudige vertelsituasie voorkom nie, maar dat daar altyd verskeie vertellers binne-in en buite-om elke verhaal gebruik word – in so 'n mate dat mens kan sê dat die verhale as 't ware ­–vóórtkom­ uit die spanning tussen vertellers. 'n Byderhandse voorbeeld is die titelverhaal uit Die wandelende geraamte. Die primêre verteller word vereenselwig met die skrywer C. J. Langenhoven: hy heet Kerneels, verwys na sy eggenote as "Vroutjie", wat reeds aan die leser bekend sal wees uit talle ander geskrifte van Langenhoven, en verskaf uit die staanspoor aan die leser 'n ooggetuieverslag van die plasie in die Kouveld, in die koppe tussen die Klein-Karoo en die Groot Karoo, waar die verhaal hom afspeel. Die uiterste realisme waarmee die verhaal gesitueer word, moet dus uit die staanspoor die indruk van 'n "opgemaakte" verhaal – en die bonatuurlike gegewens daarin – teenwerk:
517,064
Die leser moet dadelik weet dat sy of hy hom tussen vertroude en betroubare metgeselle bevind. En die (oënskynlike) eerlikheid waarmee Langenhoven vertel van die meisie met wie hy vanslewe 'n verhouding gehad het voordat hy later met Vroutjie getroud is, moet dan dien as waarborg vir die outentisiteit van wat daarop volg. Dat hy dan die ware naam verswyg van Carolina se pa wat op die betrokke plasie woon en oorspronklik die ontmoeting met die wandelende geraamte beleef het, beïndruk die leser nié as 'n verswyging en 'n rede tot wantroue nie, maar juis as bewys van die feit dat hy hier 'n vertroulike, ware verhaal vertel waarmee hy nie die werklike, lewende betrokkenes in 'n verleentheid wil stel nie: "Ek sal hom maar 'oom Dirk' noem en sy van verswyg (maar die Kouveldse mense sal almal baie goed weet wie ek bedoel) – ek sê die ou was byna my skoonvader. Maar op die end het Carolina my afgesê, soveel as daar dan was om af te sê. En daarin (soos Vroutjie sal instem) het Carolina wyslik gehandel want sy is met 'n beter man getroud as ek. So een, sal my bure sê, sal ook nie te skaars gewees het om te kry nie." (124) Die volgehoue selfspot hier, so fyn en kenmerkend van Langenhoven, versterk die werklikheidsillusie net verder.
517,065
Die storie loop vlot: hoe oom Dirk as jong getroude man kom plaas soek het en toe deur 'n wandelende geraamte die pad aangewys is na 'n klipskeur en 'n begraafplek tussen die ghwarries, waar 'n volgehoue soektog weldra blootlê dat die tweelingbroer van die man wat mettertyd die plaas gekoop het, daar verongeluk het en nie weer tot rus kon kom voordat die twee broers weer kon saamlê nie. Telkens word die loop van die "bonatuurlike" verhaal onderbreek wanneer die verteller, oom Dirk, sy toehoorder, neef Kerneels, met vers en voornaam en kapittel aanspreek om die sfeer van die realistiese – en die reële – in die leser se gemoed lewend te hou: trouens, neef Kerneels, wat eintlik maar die passiewe toehoorder behoort te wees, word selfs as 'n aktiewe getuie bygeroep ("neef Kerneels, jy weet ook iets van die Kouveld se wind"). Ten slotte word alles bevredigend afgerond: "Die rustelose was tot rus gekom; die tweeling was weer bymekaar."
517,066
Wat skering en inslag in dié kort spookverhale is, word tot die omvang van 'n roman uitgebrei in wat dikwels as die "eerste speurverhaal in Afrikaans" aangeprys word. Donker spore, oorspronklik in 1926 gepubliseer, het nie minder nie as ses-en-dertig uitgawes belewe totdat dit in 1974 in die Versamelde werke opgeneem is. 'n Jong verslaggewer, Sarel van Duine, met 'n "kinderlik eenvoudige glimlag" (dus: hoogs betroubaar!) begin by Die Burger werk (destyds, miskien ietwat meer as vandag, opnuut 'n aanbeveling van betroubaarheid) en word deur sy redakteur, Rompel, Ladismith toe gestuur om 'n "spookmoord" te ondersoek: "Man opgehang, doodverwurg, rooi streep om die nek, strop weg, geen ander spoor in die nabyheid nie, natgereënde safte grond, óú bekende spookplek."
517,067
Op die eerste uiteensetting van die situasie, gesteun deur 'n berig van 'n hoogs betroubare bron soos Reuters, volg 'n verslag van die hofverrigtinge wat sowel die raaisel verdiep as die spanning opwek deur die gebeure uitdruklik te koppel aan die vermoede van 'n bonatuurlike ingryping – des te sterker omdat die hele opset so uiters realisties bly. Op kenmerkend Langenhoveniaanse maniere word die spanning volgehou en ook verbreed – onder meer deur spanninge teweeg te bring tussen weergawes van die gebeure in die Afrikaanse en die Engelse pers, tussen natuurlike en bonatuurlike verklarings, tussen getuies in die hof, en tussen boer- en ander mense uit die geweste.
517,068
Die gegewe word ietwat verwikkel deur – natuurlik – 'n ontplooiende en struktureel nodige maar onoortuigende sentimentele verhouding tussen die jong Sarel en oom Koos se dogter Liena, die mins bevredigende aspek van die verhaal. (Maar dan: het selfs die grote Molière nie moeite gehad met die uitbeelding van die verhouding tusen 'n jong man en 'n jong vrou nie?)
517,069
Deurentyd is daar realistiese trekkies wat die leser oortuig hou van 'n kenmerkende (Suid-)Afrikaanse landskap en sy mense; maar meermale verdiep dit ook tot die oortuigende oproep van groter en donkerder magte wat op die spel staan: wanneer Sarel en Liena na die waterkloof toe stap, raak die sfeer wat eers taamlik oorbekend-romanties voorgestel is, meer intens: "Alles maak maar die stilte stiller, die plegtigheid plegtiger…" Dit is juis die bewussyn van 'n stilte wat alles omgeef wat daaraan reliëf en die moontlikheid van verdere betekenisse verleen. En hiervandaan durf 'n mens dit dan waag om by Langenhoven se tyd en sy situasie verby te dink na die denkwêreld van latere skrywers en teoretici soos – selfs – Derrida. Sonder om te diep te grawe tot waar mens by inlegkunde uitkom, sou ek net wil suggereer dat selfs die titel, Donker spore gelees sou kon word as 'n (natuurlik onbewuste!) voorafskaduwing van Derrida, met sy voorliefde vir "spore" (traces), waarby 'n subtiele en ingewikkelde stel leesmoontlikhede geaktiveer word om in die letterlike speur-verhaal die veel groter soektog na betekenis te betrek. Daarom durf mens dalk ook versweë moontlikhede vermoed in 'n oënskynlik eenvoudige opmerking van Sarel: "Ek begin hartseer voel dat julle aanhou om met my te spot nes een wat op blinde paaie dool. Ek wil die oom gaan spore wys". (Is dít nie waarom die hele teks wentel nie?!) En dalk is dit tog nie so vergesog nie, omdat Langenhoven hom juis voortdurend bemoei – op soveel maniere en in soveel vorme – bemoei met die vraag na die vorm en aard van betekenis: hoe dit gevorm word, waar dit vandaan kom, waarheen dit dalk beweeg. Hy soek immers, selfs in die speurtog rondom 'n moord, nie maar net na die presisie en direktheid van 'n kaart nie, maar na die verwikkeldheid van 'n skildery, soos duidelik blyk uit 'n gesprek tussen Sarel en Liena: "Nee, Sarel; dis nie net die inhoud nie. Dis die uitsoek en die rangskik en die aanmekaar sit; die nadruk en versagting; die ligte, die skaduwees…" (150) Daarom word die soektog na 'n moordenaar ook 'n veel subtieler soektog na die self: "Oom, ek wil nie woorde ruil nie. Maar ken ons ooit mekaar? Ons ken onsselwe nie." (159) Meermale kom Langenhoven nie veel verder op dié pad op soek na waarhede en moontlikhede wat ánderkant sy storie lê nie: tog is daar deurgaans – in Donker spore, soos in soveel van sy ander werk, aangrypende aanduidings van 'n bewussyn van soveel méér wat daar, soos Van Wyk Louw sou sê, "om die grense/flikker van my duister woorde". Duister woorde; donker spore. En om dan weer 'n oomblik met Opperman te praat: "maar 'n duister land/ bedreig my alkant."
517,070
Met die opspoor van die moordenaar – die afgetrede ou Professor Mierdyk wat nou as die boemelaar en kluisenaar Windskut saam met sy dogter hom aan die samelewing onttrek het – sê Sarel die betekenisvolle woord: "Ek het mos gesê ek sou jou die duisternis wys, Liena" (186). Daar word dus ten slotte op die wyse van 'n speurverhaal 'n "oplossing" gevind, maar op die keper beskou, is dit nié 'n finale afronding nie: nie soseer 'n antwoord nie as 'n wederwoord. Om te sê dat ou Windskut (wie se naam reeds 'n sleutel mag wees – nóg 'n spieël waardeur ons in die raaisel kan kyk) "iemand met 'n meervoudige persoonlikheid" is, gee 'n naam aan die raaiselagtige gebeure, maar laat die raaisel van die ander steeds onopgelos. Weer in Derrida se terminologie, staan ons hier voor 'n besef van différance, die term (in Derrida se spelling) waarin "verskil" en "uitstel" ("difference" en "deferral") mekaar ontmoet: die antwoord bly immers nie beslote in die hier-en-nou nie, maar verwys die leser na 'n ánder tyd, in hierdie geval 'n verre verlede. Uiteindelik bly dit dan tog maar by "donkerte" en "spore" – die spore gelaat deur die voete van iemand wat klaar weg is; maar ook die spore van 'n varing waarin nog onvoorsiene toekomste gebêre lê.
517,071
In hierdie duisternis word die raaisel van die hede verbind met 'n lang geskiedenis ver daarágter – 'n sameloop van tye en tydperke. Soos dit in Aan stille waters I lui:
517,072
Hiermee is die twee groot kondisies van ons menslike bestaan – om te wees en om te hê – tesame by die stille waters van gesamentlike begrip uitgebring en is dit vir bure nie meer nodig om in sonde of onbegrip saam te lewe nie.
517,073
Lees alles wat binnekort moet gebeur. Lees wat God die Vader deur Jesus Christus aan Sy diensknegte toon! Wie die dier is en wat die beeld van die dier beteken!
517,074
Die Israelse geskiedkundige Yuval Noah Harari hoop om mense met sy nuwe boek ’n bietjie anders oor die wêreld te laat dink. Foto: Gallo Images/Getty Images.
517,075
Kunsmatige intelligensie, klimaatsverandering, tegnologiese ontwrigting en die 21 lesse wat ons almal moet leer . . . Sal die nuwe boek deur die wêreldbekende geskiedkundige Yuval Noah Harari ons met ander oë na die wêreld laat kyk?
517,076
Die uitdrukking op sy gesig is effens verbouereerd. Yuval Noah Harari is heel gaaf, maar terwyl hy agter sy bril uitloer, lyk dit of hy dink: “Ek is nie seker wat ek saam met jou hier maak nie.”
517,077
Dit word bemark as een van die belangrikste boeke wat vanjaar verskyn. Dit beteken die kollig sal oor die volgende paar maande fel op die bekendste geskiedkundige ter wêreld val – of hy nou daarvan hou of nie.
517,078
Sy Engels is byna volmaak en hy het ’n welluidende stem. En hy beantwoord al jou vrae asof dit werklik saak maak. Om die ys te breek, vra ek hom eers oor sy familiegeskiedenis.
517,079
“Hulle was volkome Pools. Maar sy sê steeds: ‘Weet jy, ek is Duits.’ Sy woon in ’n aftreehuis vir “Yekkes” – die Hebreeuse woord vir Duitse Jode – en om Duits te wees is skynbaar steeds die belangrikste ding in die wêreld vir haar. Jare lank was ek oortuig sy is Duits.”
517,080
Albei sy ouers is gebore in wat toe nog Palestina onder Britse mandaat was. Sy pa, Shlomo, het op ’n kibboets in die Jordaanvallei grootgeword waar hy aanvanklik “die Israeliese mite ten volle uitgeleef het”.
517,081
“Ek dink dit was oor die mikrobestuur van die plaas; oor of jy ’n keuse het of jy op die suiwelplaas wil werk of nie, en wie veronderstel is om die wasgoed te was – sulke dingetjies.
517,082
En aan die ander kant oor die wêreldpolitiek – Wat dink jy van Stalin en die Koreaanse Oorlog? – en dit is alles saamgegooi.” Die gevolg was dat Shlomo by die kibboets weg is en op die dorpie Kirjat Ata, naby Haifa, beland het.
517,083
Hy het glad nie in gesag van enige soort geglo nie. Maar hy het baie van geskiedenis gehou, en ons het baie besprekings daaroor en oor die wêreld gehad.
517,084
Yuval se drie boeke wat hom in ’n uitgewersensasie – en waarskynlik die bekendste geskiedkundige ter wêreld – omskep het.
517,085
Hy het in die Sesdaagse Oorlog van 1967 en ook in die Jom Kippoer-oorlog van 1973 geveg. “En hy het nooit ’n enkele woord gesê oor enigiets wat daar gebeur het nie.” Kirjat Ata, vertel Yuval, is naby ’n groot petrochemiese aanleg in Haifa-baai geleë en is bekend as die plek met die meeste besoedeling in Israel.
517,086
Yuval was altyd ’n slimkop. Hy het op ses begin skoolgaan. Op sewe het hy ’n graad oorgeslaan. Op nege is hy van Kirjat Ata gestuur na ’n skool op die berg Karmel, wat ’n spesiale afdeling vir begaafde kinders gehad het.
517,087
Dit was, sê hy, “een van die ergste, dalk die vormendste ervarings van my lewe. By daardie skool het dit oor die oorlewing van die slimstes gegaan.
517,088
“Daar was net seuns. Elke jaar het hulle ’n paar meisies probeer inskryf, en elke jaar het die meisies baie vinnig gevlug. Want hulle het verstaan wat daar aangaan.”
517,089
Die begaafde afdeling was deel van ’n groter skool, maar hulle het nie met die ander leerders gemeng nie. “Ons het onsself oortuig die ander kinders is gevaarlik; dat hulle ons sou tart en sulke goed,” sê Yuval.
517,090
Hy gebruik ’n Hebreeuse woord wat klink soos iemand wat sy keel hard skoonmaak: “khnonim”, of so iets. “Dis letterlik die goed wat uit jou neus kom,” verduidelik hy.
517,091
Hy was ’n swaarmoedige kind, sê hy. En ’n swaarmoediger tiener. Van jongs af het hy gevoel die wêreld het nie sin nie.
517,092
Terwyl hy praat, is hy terug by die volwassenes wat nie begryp het nie. Hy het selfs die skoolberader oor sy gevoelens gespreek.
517,093
En daarom is dit aan hom, die seun op die bergtop, oorgelaat om die wêreld van die dreigende vloed te red. Hy het sy toevlug tot die verlede geneem.
517,094
Daarna is hy na Engeland, waar hy ’n doktorsgraad oor die militêre geskiedenis in die Middeleeue aan Oxford verwerf het. Hy het sy navorsing gepubliseer en ’n lektor geword.
517,095
Toe hy gevra word om ’n kursus oor die evolusie van die menslike geskiedenis aan te bied, waarvoor die res van die akademici hul neus opgetrek het (vermoedelik wou hulle eerder oor die Nazi’s of die Koue Oorlog klas gee), het die idees ontwikkel waaroor hy in Sapiens skryf.
517,096
Hy het op 21 uit die kas gekom, en terwyl hy steeds probeer sin maak het van die wêreld en sy plek daarin, het hy op 24 begin mediteer.
517,097
Sy nuwe boek bestaan uit skryfwerk wat geredigeer is saam met verskeie lesings en artikels wat hy sedert Homo Deus gepubliseer het.
517,098
“Binne ’n eeu of twee kan die kombinasie van biotegnologie en kunsmatige intelligensie (KI) lei tot liggaamlike, fisieke en geestelike kenmerke wat heeltemal van die huidige menslike vorm afwyk,” skryf hy.
517,099
“Maar in 2018 is ons reeds in ’n baie ernstige wapenwedloop gewikkel. Die Chinese het dit drie of vier jaar gelede besef, dink ek; die Europeërs besef dit nou eers. Dit is verskriklike nuus, want jy kan nie hierdie plofbare tegnologie reguleer wanneer jy in ’n wapenwedloop betrokke is nie. Niemand kan enigiemand vertrou nie; niemand wil agterraak nie, en jy maak ál meer seker daarvan dat die ergste moontlikhede waar sal word.”