id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
516,600
JONGSTE: Maroela Media verneem die polisie wou die vrou ná die voorval in hegtenis neem. Klik hier om meer te lees. ʼn Pa en sy dogter is geskiet nadat drie gewapende mans hulle Woensdagaand in hul plaashuis in die Ugie-omgewing in die Oos-Kaap oorval het.
516,601
Henk Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte en sakeman van Ugie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 21:00 plaasgevind. “Die man, sy vrou en hul dogter was by die huis toe die aanval plaasgevind het,” het Pieterse gesê. Hy sê die aanvallers het aan die deur geklop en dit oopforseer.
516,602
Die mans het, toe hulle by die huis instorm, op die dogter geskiet en haar in die bors gewond. Die boer het intussen sy vuurwapen gegryp waarna die aanvallers hom in die been gewond het.
516,603
Dit is in die stadium nie bekend of die drie verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar van die Maclear-polisiestasie oor die aangeleentheid.
516,604
Só het pastoor Canon Mpho Tutu, die aartsbiskop se dogter, Donderdag tydens ʼn mediageleentheid by die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting in Kaapstad gesê waar sy joernaliste oor haar pa se gesondheid ingelig het.
516,605
Tutu het gesê haar pa sterk goed aan en is halfpad deur sy binne-aarse behandeling. “Dokters is tevrede met sy vordering en die effektiwiteit van die medikasie. Hy is nie bedlêend nie en loop op en af in die hospitaalgang,” het sy gesê.
516,606
Tutu is verlede weer in ʼn Kaapstadse hospitaal opgeneem waar hy vir ʼn hardnekkige infeksie behandel word.
516,607
Tutu het Donderdag beklemtoon dat haar pa 83 “en nie 38 is nie” en dat hy nie meer die energievlakke het wat hy jare gelede gehad het nie. “Hy is op ʼn manier die ideale pasiënt want hy kla nooit nie. Terselfdertyd is hy ook ʼn slegte pasiënt want hy sê nie wanneer hy ongemaklik is nie, wat ʼn uitdaging vir die verpleegsters is,” het sy gesê. Sy het egter gesê sy gemoed is positief en hy lag lekker vir die grappies wat aan hom gestuur word.
516,608
Sy het gesê indien die aartsbiskop sou sterf, sal die familie hou by ʼn gedetailleerde begrafnisplan wat hy alreeds vir 20 jaar gereed het. “Hy hersien die predikers van tyd tot tyd, soos wat hy hulle oorleef. Hy kies ook soms musiek vir dié plan,” het sy gesê.
516,609
Ja nee ek stem saam te vining gery en mens ry nie so met mense in die voertuig nie jy hom wil toets vir spoed wees dapper alleen. Nou vat jy ander mense se lewens ook.
516,610
Ek is kwaad… hoeveel nog my man 3 maande terug ook geskied in n gewapende huisroof en oorlede , jou man dalk more.. !! Wanneer gaan dit stop. Ek bid vir die gesin en veral die kinders dit is nie maklik. !!
516,611
Wray het gesê die FBI se veldtog is egter nog ver van klaar aangesien dié speurdiens nog net die oortjies van die seekoei gesien het.
516,612
Die span word deur die afriger en die kaptein saam gestel. Ek het dit al in die verlede gemeld dat daar in SA Krieket ‘n “click” is.
516,613
Stem saam. Kyk liewer die driehoekige reeks “down under” en terwyl die ODI’s gespeel word, haal jy al die lekker verlore slaap in.
516,614
My kinders het net so gesukkel met sinus, ek het by die apteek "Health Tones se Sinus & Allergies" gekoop, dit is 'n homeopatiese druppel, ±R100, jy gooi net vier tot ses druppeltjies in 'n bietjie water, dit is nou nie baie lekker nie, maar my seuntjie hou altyd 'n botteltjie koeldrank byderhand sodra hy klaar die slegte medisyne gedrink het vat hy 'n sluk koeldrank, en ek moet sê dit werk, probeer dit gerus.
516,615
Chloorwater in swembaddens is gewoonlik ook 'n groot vyand. Die twee en 'n halwe jaar wat ons in Kaapstad gewoon het was my kinders nooit siek nie. Hulle is baie lief vir swem en die see. As hulle net begin snuif het, het ons (somer of winter) die see getakel en die seewater kans gegee om die sinusholtes weer goed uit te spoel! Ons was drie weke terug in die ou destydse Transvaal toe het die jongste weer longontsteking. Hoop jy kom reg. Hou moed - weet net na so om en by die twaalfde of dertiende jaar gaan dit gewoonlik beter.
516,616
My eie dogtertjie word ook hierdie jaar sewe en ek het lank gesukkel met haar sinusse (altyd 'n toe of snotneusie, eet met oop mond ens. seker jy ken al die simptome) en elke ander week se ander medisyne is ook nie altyd goed nie. My dokter het my aanbeveel om haar op 'n spesiale dieet te sit en dit het klaar wondere verrig. Die basiese beginsel van die dieet is om alle kleur-, geur- en preserveermiddels uit te skakel: m.a.w. in plaas van aanmaakkoeldrank gebruik suiwer vrugtesap effens verdun met water of Ceres junior juice wat 'n vermenging van vrugtesap en rooibostee is of goeie ou Clifton. In plaas van lekkergoed gee iets soos gedroogte vrugte of vars vrugte en joghurt. En so aan. Aan die begin is dit nie so lekker nie, maar hulle raak dit gou-gou gewoond. Suiker is 'n groot euwel - dit veroorsaak baie slym - rooibostee of kafeien vrye koffie met 'n bietjie heuning - melk moet ook beperk word - gebruik lae vet melk dit is nie heeltemal nodig vir vet vry nie. Dan kan jy ook natuurlike hulpmiddels by 'n homeopaat kry. Basies gaan jy terug na die vootrekkerdae toe alles natuurlik was met geen kleurmiddels, geurmiddels of preserveermiddels nie. Dit is dan ook die rede waarom gewone medisyne nie altyd werk nie, omdat dit ook vol van die bogenoemde is. Ek weet dit is bykans onmoontlik om al hierdie dinge uit te skakel, veral lekkergoed. Probeer maar net - jy sal verbaas wees as jy eers sien hoe maklik dit eintlik is. Diabetiese of tuisgemaakte lekkergoed is baie goeie plaasvervangers en as ons dan moet koop hou dit by malvalekkers. Blou, groen, pers en rooi is veral baie "slegte" kleurmiddels. 'n Mens kan nog rondom die ander eksperimenteer. Baie sterkte, jy kan my gerus skakel as jy enige verdere navrae het, ek verstaan hoe raad-op mens kan raak!
516,617
Ek het weer ondervinding van 'n dogter wat baie hooikoors kry in die Kaap maar hier in die droë Noord-Kaap gaan dit baie beter, maar nou trek ons weer terug na die Wes-Kaap. Ons het regtig alles probeer toe sy klein was (nou 17 jaar oud) en het van Dokters en Pediaters gegaan. Ons kom toe by Dr Roy Gordon in die Kaap. Hy sê toe die eerste ding wat ons van haar moet weghou is kosse met preserveermiddels in. Veral Swael Dioksied. Sy mag toe geen ander koeldrank drink as helder appelsap en Sprite nie. Gaan lees gerus op kosse wat dit bevat en jy sal verstom wees watter kosse bevat alles preserveermiddels wat nadelig is vir hooikoorslyers. Vermy ook alle suiwelprodukte soos melk, kaas en roomys want dit veroorsaak slym. Vermy lemoen- en koejawelsappe, want dit maak ook slym en irriteer die keel. Jong, ek het regtig enige iets probeer om haar te help om die hooikoors te verlig maar sy is baie allergies vir huismyte en muf. Nou dit is die moeilikste om te beheer. Maar probeer regtig eers om die preserveermiddels en suiwel te vermy. Op die oomblik gee ek maar vir haar "Sinfrontal" for Sinusitis, Sneezing and postnasal drip. Dit word gemaak deur Natura en is te koop by enige apteek. Ek is teen hierdie ander hooikoors-middels wat die kinders lomerig maak want hulle moet skool gaan . As jy enige ander raad ontvang laat weet my gerus, ek sal regtig enige iets doen om hulle te help om beter te voel.
516,618
My dogterjie is nou ook 7 en hoes en proes al vandat sy twee jaar oud was......ek het haar by al wat dokter is gehad en hulle het elke liewe keer antibiotika voorgeskryf en niks het gebeur nie..... Nou ja, toe vat ek haar maar einde ten laaste na die Homeopaat en net daar het my kind die eerste keer verligting gekry van al haar probleme....hy het vir haar Sinusan, Hepatine en Allergin voorgekryf en jy kan dit by die meeste gesondheidswinkels kry en dit kos so ongeveer R60 vir elke houertjie pilletjies....hulle suig net so vier 'n dag en na 'n week of so het jy 'n ander kind...geen maagpyn, geen hoofpyn en die loopneus en hoes het voor die voet verdwyn. Ek is so bly want my kind het al sulke donker kringe onder die ogies gehad en dit het gelyk of dit so diep in haar oogkaste sit...sy is nou heeltemal beter en as ek sien dat sy na 'n ruk weer begin hoes gee ek maar net weer die pille. Dit is alles natuurlik en kan haar hoegenaamd geen skade berokken nie. Laat haar ook toets by die H/P vir enige alergie....My kind is onder meer allergies vir suiwel, druiwe en koring maar ek gee dit in elk geval vir haar, net nie in baie groot hoeveelhede nie. Jy kan rêrig baat vind by die medisyne wat ek genoem het...die Hepatine maak die lewer skoon en help om van al die gifstowwe ontslae te raak.
516,619
Ek sou voorstel dat jy na 'n gesondheidswinkel gaan en vra vir TEA TREE OIL of LAVENDER OIL (vra hulle sommer bietjie uit oor "NATURAL REMEDIES) - dan laat jy jou kind stoom - bakkie warm water (versigtig wees veral met kinders) met 3 druppels van of tea tree OF lavender oil - paar keer 'n dag. jy kan ook 'n brander (met tee kersies) kry om te brand wanneer kind in omtes is, met die olies. Hoop dit help.
516,620
Gee vir haar Vital se produk "Echinacea".....dit help tot vir Longontsteking. Daar is ook 'n ander tipe homeopatiese produk op die mark met die naam van Sambucus Nasal Drip. Dit werk soos 'n bom. Lees gerus Dr Arien vd Merwe se boeke oor natuurlike hulpmiddels - dit werk regtig en is spotgoedkoop by Clicks.
516,621
Gaan apteek toe en vra vir die apteker vir Alerjex pilletjies. Dit kos omtrent R15 vir 20 of 30 pilletjies, is heeltemal natuurlik en kan haar geen skade doen nie. My seun het dieselfde probleem gehad en is vandag al 25 jaar oud. Hy sluk elke oggend sy twee pilletjies al vandat hy in die laerskool was. Die simptome verdwyn binne sowat 10 tot 15 minute en sy sal sommer lekker voel vir die res van die dag. Ook waarna julle moet kyk, is daar diere in die huis ? - of rook iemand in dieselfde vertrek as sy ? Dit is alles wat dit vererger. Ek weet, ons is daardeur. Probeer dit gerus.... ek weet dat jy my gaan terug e-mail en dankie se vir die hulp. Ek het al vir baie mense dieselfde raad gegee en dit werk !!!!
516,622
Maak vir haar uietee, soos volg: Maak vier of vyf middelslag uie skoon, sny dit grof op. Gooi dan vyf koppies kookwater daaroor en laat 15 minute (met deksel op) kook. Laat dit oornag staan en plaas dit in die yskas of vrieskas. Ek vries 'n koppie uietee in 'n botteltjie en haal dit die vorige aand uit vir die volgende dag. Gee haar elke oggend en elke aand 'n halwe koppie uietee. Hou aan daarmee. Dis heelwat goedkoper as enige van die sinusgoed wat 'n mens te koop kry. Indien jy liewer iets wil koop, werk Natura se Nasosinus ook goed.
516,623
Ek is 'n sinus "sukkelaar" myself maar na ek Weleda se Sinus en Post Nasal Drip begin gebruik het is ek 'n ander mens. Jy kry dit by enige apteek asook by Clicks. In die begin 'overdose' sommer daarop en dan kan jy verminder, die goed werk fantasties en jy drink dit net met bietjie water, ek het gemiddeld so 3 sinus pille 'n dag gedrink, elke dag van die maand, en sedertdien, het ek nog nie weer pille gedrink nie!! Hoop dit help vir julle ook.
516,624
My seuntjie het ook baie siek geword, toe het 'n pediater vir my die raad gegee. Gee elke dag vir haar 'n lepeltjie Scotch Emulsion, en tien druppeltjies Echinaforce druppels in bietjie water. Dit bou hulle weerstand, en help met die sinusse en wat ookal daarmee gepaard gaan. Jy kry dit sommer in apteke. Hoop dit help ook vir julle.
516,625
Ons bly in Vereeniging en hier is ongelooflik besoedeling. Ons gebruik nou 4 jaar Herbalife, en die produkte werk. Ons het 'n tee by name Natural Raw Guruana, wat veral op die asemhalingsorgane en brein funksioneer. My gesin van vyf weet nie van sinus, hooikoors of asma nie. Persone met migraine verkry ook baie goeie resultate. Ek hoop dit gee jou moed.
516,626
Ek is gediagnoseer met chroniese bronchitis en rhinitis vir ongeveer 8 jaar. Alles was toegeskryf an die slegte lug ens.......... Ek ontdek toe 'n manier van eet naamlik 'The natural way'. Die skryfster van die boek is Mary-Ann Shearer. Dit is oral beskikbaar in die boekwinkels of sekerlik selfs in die biblioteek . Vandat ek my kombinasie van kosse verander het, het ek 'n dramatiese verandering ondergaan. Ek was nog nie siek met longverwante of sinus kwale vir 3 jaar nie. Dit is te langdradig om oor die e-pos te verduidelik, maar dit is die moeite werd om die boek te lees. Dit vra nie vir drastiese verandering in jou eetgewoontes nie, maar net die kombinasie van kosse.
516,627
Die maagpyn kom van die loopneus. Dit loop agter in die keel af en krap die maag om. Die hoofpyn is van die sinusse wat vol is. Jy sal jou dogter baie vloeistof moet ingee elke dag. Dit sal help. As 'n allergiese aanval baie erg is, gee haar koffie (die kaffeine is goed vir allergieë - so gebruik dit net as sy dit nodig het.). 'n Daaglikse behandeling is om haar Zyrtec druppels / pilletjies te gee. Dit werk nogal goed en is veilig vir kinders. Celestamien is ook 'n baie goeie antihistamien. As dit ooit vir julle moontlik is, moet julle probeer om na 'n ander omgewing te trek. Ek ly nogal erg in die Kaap en is beter in die Transvaal. Probeer om nie enige drastiese behandelings te neem nie. Alle voorspoed.
516,628
Ek gebruik tans 'n natuurlike produk en ek moet eerlik sê ek is verbaas oor die resultate wat ek kry. Ek het pille tot 4 x per dag gedrink - sinumax, clarityne, polarimine, maar al wat dit gedoen het was om my aan die slaap te maak en die kopseer te vererger.
516,629
Ek is 'n Bolandgeborene wat later in Namibië kom bly het en wat al die jare sinusprobleme gehad - tot 9 maal per jaar siek gewees. Ons praat van hospitaal en selfs suurstof en hope duur pille. As predikant moes ek naweek vir naweek verleë met 'n heesstem ploeter, deur erge koors sukkel of aflos kry. Dit het net erger en erger geword. Ek is toe na 'n oor/neus en keelspesialis in Windhoek en ons is deur alle allergie toetse, die werke. Ons het toe saam 'n teorie uitgewerk. Die neus droog uit van die lug. Soek klammigheid en sit die sinus aan die werk. Die sinus drup egter postnasaal - agter in die keel af en al jou ellende begin: mangels, stembande en keel raak septies, naar, koors ens. Ons begin toe my neus kunsmatig natmaak en onmiddellik was die probleem opgelos. Ek is nou jare gesond en kry net af en toe gewone verkoues wat aangesteek word van meng met ander mense. Ons het gebruik gemaak van 'liquidparafien' met 5% mentol wat die apteek ingooi net om dit 'n bietjie aangenaam te maak. Dit word met 'n oordrupper ingesit. Lekker gemors vir 'n ou met 'n snor hoor. My ander huisvriend - ook 'n oor/neus/keel spesialis was nie baie 'happy' met my en my dokter se behandeling nie. Hy is bang dat die ragfyn neushaartjies wat die skoonmaak en temperatuur van inkomende lug reël, ens op die lang duur beskadig kan word. Ek het maar altyd geleer om na raad/kritiek te luister en te hoor. Ons het dit dus gekontroleerd gedoen. Aanvanklik elke dag, veral in die aande en as jy 'n waaier in jou kamer het vir koelte en muskiete raak dit nag vir die sinuslyer. Maar later het jy 'n aanvoeling - my neus is droog. Dan wag ek net tot niemand kyk nie, dan steel ek uit my vrou - 'n skoonheidskonsultant -se olies en smeer sommer met die vinger. Ek smeer darem net een keer hoor! Ek hoop dit help! Vir my het dit want sinus het my totale persoonlikheid amper 'n knak gegee - jy's nooit gesond nie en voel permanent goor. Ek loof die Here ek's gesond.
516,630
Dit is mos rooipeper waarvan jy praat, né? Dink jy nie dit sal haar mond brand nie. Sy het nogal 'n sensitiewe tong (soos Marmite brand haar tong).
516,631
Ja dit is so, jy moet net die regte hoeveelheid gebruik. Mens raak dit gou gewoond. Ekself gebruik dit al die afgelope 2 jaar. Die is 'n homeopatiese raat wat werklik werk en koste is minimaal in vergelyking met medikasies wat duur is en moontlike nagevolge het. Die oosterse nasies eet baie skerper geregte hul lewe lank.
516,632
1) Smeer drie druppels OLBAS olie (verkrygbaar by enige apteek deesdae) bokant elke wenkbrou met slapenstyd. Bind dan toe met 'n sakdoek of bedek met 'n sweetband. Rede is dat die walms so sterk is dat dit 'n mens se oë brand. Sorg ook dat die olie nie met die oë in aanraking kom nie. Een van die olies in OLBAS tree ook op as 'n lokale verdower en sal dan 'n hoofpyn agter die oë wegstreel met tyd (werk selfs vir Migraine). 'n Mens kan ook 'n bietjie binne-in die neusvleuels invryf vir gemakliker asemhaling. Kos 'n bietjie duur (deesdae so R36 vir 'n botteltjie, maar dit hou 'n minimum van 6 maande).
516,633
3) Moet nie iets soos Sinutab (wit en pienk tablet) drink nie, want dit droog die sinusse op. Die sinusse moet juis soos 'n hond se neus klam en nat bly. Sinutab droog die sinus op, en dan begin die sinus later weer loop en dan loop dit oor die droë 'kors' en dan drink 'n mens weer 'n Sinutab en dan droog dit weer op en so pak die lae saam totdat die enigste uitweg 'n sinus operasie is wat ook net hou vir 'n rukkie (Sien Langer termyn opskrif hiervoor). Probeer dus wegbly van enige iets wat die sinusse opdroog (mmmm, weet dis nie altyd maklik nie).
516,634
4) Drink 'n Phenergan 10 mg pilletjie saans voor slapenstyd - goedkoop blou-groen antihistamien tabletjie vir die allergiese reaksie (so-iets soos R 22 vir 50).
516,635
6) Die maagpyn (en daar behoort naarheid ook te wees) is a.g.v die slym wat ingesluk word en dan in die maag beland. Sy moet so veel as moontlik uitspoeg en nie sluk nie. Die neus, keel en oorkanale is juis so gemaak dat 'n mens slym agter in die keel intrek (wanneer 'n mens snuif of sluk) en dis daardie 'gagga' wat 'n mens heel diplomaties in 'n wasbak of êrens moet gaan uitspoeg (Reader's Digest artikel van 2001 iewers).
516,636
4) Sambucus Compound (Post Nasal remedy - Weleda) : 12 druppels in 'n bietjie water elke uur op die uur gedurende die dag. (Sowat R 65 vir 'n groot bottel, die klein bottel hou my nie lank nie :-), dus 'n effe aan die duur kant.)
516,637
Ek het jou navraag gelees oor jou dogter se probleme met sinus. Ek het 'n wonderlike kuur gekry wat werk, maar dit moet gereeld gebruik word en help vir hooikoors, allergieë, sinus, ensovoorts.
516,638
Afhangende van hoe erg die toestand is, beveel ek aan dat sy dit vir die eerste week of wat 4 maal per dag drink en dan afskaal na so twee maal 'n dag. Dit is nie verskriklik sleg nie maar werk regtig goed en is natuurlik. Geen meer sinustablette of medikasie is dan nodig nie. Dis ook nie baie duur om vol te hou daarmee nie.
516,639
Ek het self 'n seun wat baie allergies is vir Gauteng. Sy sinus sit gereeld om in asmatiese brongitis, so ek weet nie of my raad vir jou kind sal help nie.. Wat sover die beste vir hom werk is Flexi Tide Inhaler. Hy kry elke oggend en elke aand 'n spuit.
516,640
Dis nie maklik om kinders van die goed weg te hou nie, maar dit het wonders verrig in ons huis. Dit raak naderhand 'n lewenswyse wat hulle met hulle saamvat tot hulle volwassenes is.
516,641
Sterkte en innige simpatie met die sinus!! Ek kry sinus vandat ek in 1984 in Pretoria kom woon het ... Iets wat baie help, al genees dit nie, is 'n Sjinese middel, genaamd White Flower Oil. In Pretoria het ons baie Sjinese snuistery-winkels en straatsmouse en hulle hou dit aan. Die olie ruik baie skerp, dit word NOOIT gedrink nie, net aan die vel gesmeer. Dit help vir daardie drukking en toe gevoel, ook vir die pyn. Ek smeer dit onder my neus en agter my ore en die laaste vier jaar gaan dit veel beter. Ek het teen 1998 so pyn gehad dat ek opgegooi het van die seer en dit het nog nie weer gebeur nie. Ek hou ook nie daarvan om pille te drink nie en hier is dit nie nodig nie. As die pyn nog erg raak, drink ek maar 'n pil of twee, maar dis minder as een keer in twee maande!
516,642
Hi Magda, ek het ook 'n redelike sinusprobleem in Gauteng, by die see is alles reg. Daar's so baie stories, een is die lug is vogtiger by die see, so kry 'n 'Humidifier' in jou kamer - dan slaap jy lekker. Ek gebruik Drixine sproei slegs saans voor ek gaan slaap dan bly my neus 12 ure oop. As jy dit bedags ook gebruik, werk dit later nie meer so effektief nie. NB net saans so 7pm dan kan jy ten minste slaap.
516,643
Dit mag vir jou miskien na nonsens klink maar glo my vir my het dit soos 'n bom gewerk. Ek het altyd 'n toe neus gehad en moes deur my mond asemhaal, in die nag kon ek skaars slaap so geblok was ek, my oorlede skoonmoeder het gesê ek moet "Brewer's Yeast" pille drink en ek het by myself gedink dit sal nooit werk nie. Een middag was ek behoorlik moedeloos en ek het my seun gestuur om die pille te gaan koop, ek het dadelik drie pille gedrink en na omtrent 'n uur kon ek die verskil voel en vir die eerste keer in 'n baie lank tyd het ek die nag deur geslaap sonder daardie benoudheid.
516,644
Ek het vir omtrent twee weke drie pille elke oggend, middag en aand gedrink en daarna vir omtrent 'n week drie pille per dag en tot nou toe is my neus oop en dit is nou omtrent twee jaar. Sodra ek bietjie begin nies en ek voel toe, drink ek drie pille en ek is weer reg vir 'n baie lang tyd.
516,645
’n Lyk, vermoedelik dié van ’n Johannesburgse tandarts, is gistermiddag gevind nadat sy seun die plek waar hy sy pa na bewering begrawe het aan die polisie uitgewys het.
516,646
Dr. Russell van der Merwe (78) word die afgelope vyf maande vermis, maar ’n familielid het dit eers die afgelope week aangemeld.
516,647
Die polisie het mnr. Wessel van der Merwe Donderdag in hegtenis geneem weens sy pa se verdwyning, maar hy is dieselfde dag weer vrygelaat in die sorg van ’n verteenwoordiger van sy prokureur se firma.
516,648
Van der Merwe jr. het die volgende dag ’n plek by sy huis in die spogbuurt Houghton aan die polisie gaan wys waar hy glo gesê het hy sy pa begrawe het. Die pa en seun het op dieselfde perseel gebly.
516,649
Kweza sê die identiteit van die lyk is nog nie bevestig nie. Sy het gesê die nadoodse ondersoek behoort môre of oormôre gedoen te word.
516,650
“Ons moet die identiteit vasstel deur DNS-toetse. Dan sal ons bepaal wat die oorsaak van die dood was.”
516,651
Volgens Kweza is dit steeds ’n misdaad om nie ’n sterfte aan te meld nie en die lyk self te begrawe. Geen klagte is egter nog ingedien nie.
516,652
Kaapstad - Cosatu dreig nou met ’n totale aanslag indien die regering nie teen môre met ’n beter aanbod vir staatsamptenare na die onderhandelingstafel toe kom nie.
516,653
Vavi het boonop ’n hou na pres. Jacob Zuma gemik toe hy die president se salaris as ’n voorbeeld voorgehou het.
516,654
“Hy het bloed soos ons. Hy het ’n familie, ’n groot familie. Hy het kinders soos ons wat moet eet. Ons sóék geld.
516,655
Onderwys is egter kwaai geraak. Sowat 8 300 Wes-Kaapse onderwysers het aan die staking deelgeneem en duisende kinders het nie vir skool opgedaag nie.
516,656
Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê 102 skole – sowat 7% – van reg oor die provinsie moes hul deure sluit nadat 26% van die provinsie se 31 808 onderwysers ook gestaak het.
516,657
Buthane het ook gesê dat die EFF hierdie saak wil gebruik as voorbeeld vir ander dat die EFF nie misdaad sal toelaat en dat niemand bo die wet verhewe is nie.
516,658
Johan en sy beste vriend, Tom, ontdek 'n geheime grot met versteende voetspore in Dinobaai. Toe hulle op die voetspore loop, beland hulle in 'n wêreld vol regte, lewende dinosourusse. Saam met hul dino-maat, Wanna, beleef die twee seuns allerlei asemrowende - maar ook gevaarlike - oertyd-avonture! Die stories is in 2009 vir die eerste maal as individuele boeke uitgegee. Hierdie omnibus bevat die eerste vier stories uit dié gewilde reeks:
516,659
· Op watter manier kan ‘n mens vir die duiwel plek gee wanneer jy kwaad word (vers 27, sien ook Jak 3:14-16))?
516,660
Dawid stuur 10 manne om vir Nabal (ryk man) te sê dat hulle sy wagters goed behandel het, en te vra kos. Nabal sê hy weet nie wie Dawid is nie, en gaan niks vir hulle gee nie.
516,661
Goeie riglyn: Ons moet kwaad word oor dit waaroor God kwaad word. Dit waaroor ons toornig word, wys wie ons heer is. Gaan alles oor myself of oor die eer van God? Ons toorn mag nooit gegrond wees op ons eie selfsug nie.
516,662
Goeie toorn is om op ‘n emosionele wyse op te staan vir dit waarin jy glo. Ons is geskape om ‘n afkeur te hê in sekere dinge. Jy moet teen dit wees wat jy glo verkeerd is. Ook in jou huwelik.
516,663
Wanneer iets wat belangrik is vir jou bedreig word. Deur kwaad te word voel jy of jy in beheer is. Die probleem is dat dit voel of jy mag kry, maar eintlik is jy swak. (Soos die man wie se toespraak weg was).
516,664
U word betrek by elke stap van die konstruksie en prosessering van u kunsgebit. Met die hulp en leiding van die tandarts en tegnikus kies u die skakering, vorm en gehalte van die tande wat gebruik moet word. U persoonlike voorkeur rakende die estetiese voorkoms van u kusgebit gee die deurslag. Verbeter u voorkoms deur u kunsgebit te laat uitbou om sodoende plooie te verwyder en 'n meer geronde, jonger gelaat te verkry.
516,665
Suid-Afrikaners kan nie hul onderliggende taal- en kultuurverskille ontken nie. Daarom glo hy aan ’n Suid-Afrikaanse slaai eerder as een pot sop, skryf Danny Titus.
516,666
Ons verlede was so toegehou. Dit is met opwinding dat ’n mens sien hoe dit nou oopgaan. Geskiedenisse, tale, taalvariante, erfenisse en gebruike wat weggemoffel is, opsygestoot is, is nou besig om tot die sentrum van die Suid-Afrikaanse agenda toe te tree. Dit lyk vir my dat met die oopgaan van ons verlede, gaan ons hede ook oop en daarmee saam natuurlik ons Suid-Afrikaanse toekoms.
516,667
Almal sal sekerlik nie hiermee saamstem nie. Ons Grondwet praat van ’n Suid-Afrika wat aan ons almal behoort, verenig in ons verskeidenheid. ’n Mens is nie altyd seker van die verenig nie, maar dat ons ’n uiteenlopende verskeidenheid is, staan vas. Op die oomblik is ons behoorlik verdeeld, maar nou en dan vind ons oomblikke waar hierdie verskeidenheid stewig gestalte kry.
516,668
Tog kan ons nie ons onderliggende taal- en kultuurverskille ontken nie. Dit is waar ek van nierassigheid verskil. Dit kan nooit van ’n Zoeloe gevra word om op te hou om ’n Zoeloe te wees nie, nog minder kan jy vir ’n Jood of ’n Griek vra om op te hou om Joods of Grieks te wees.
516,669
Ons kan nie ons taal, kultuur en herkoms opgee om deel te word van ’n eensoortige pot Suid-Afrikaanse sop nie.
516,670
Ons het hierdie fasilitering broodnodig, op verskeie vlakke van ons samelewing. In 2005 aanvaar die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies die Konvensie vir die Beskerming en Bevordering van die Diversiteit van Kulturele Uitdrukkinge. Dit bly vir my altyd waardevol om te sien hoe die wêreldgemeenskap dink oor sake wat ons glo net hier van toepassing is.
516,671
Die ironie is dat Suid-Afrika ’n kernrol gespeel het in die totstandkoming van die konvensie. Die konvensie bied heelwat stukrag aan die erkenning en hantering van diversiteit in lande.
516,672
Ek het al verwys na die slaaibak teenoor die pot sop. Ons kan nie ons taal, kultuur en herkoms opgee om deel te word van ’n eensoortige pot Suid-Afrikaanse sop nie. Ons is eerder die slaaibak waar jy jouself kan wees, jou taal, kultuur en herkoms behou as ’n tamatie of ’n slaaiblaar of ’n slaaisous, maar jy is deel van die groter Suid-Afrikaanse slaai.
516,673
Bere is alleenloperdiere. Die mannetjie en wyfie is net in die paartyd saam. Hulle hiber­neer nie saam nie. Wyfies skenk in die winter die lewe aan hul welpies en versorg hulle twee jaar lank.
516,674
Stel jou voor jy slaap sewe maande lank – dis meer as die helfte van die jaar! Hierdie lang, aaneenlopende rustyd in die winter word hibernasie genoem. Baie diere maak dié proses deur om aan die yskoue winters in die Noordelike Halfrond te ontsnap. Bere tel onder hulle.
516,675
Die geheim van ’n lang, suksesvolle winterslaap is deeglike voorbereiding. Bere ooreet hulle byvoorbeeld in die maande net voor die winter. Hulle het die ekstra kos nodig, want hulle eet nie terwyl hulle slaap nie. Wanneer hulle in die diep slaap van hibernasie verval, werk hul metabolisme veel stadiger as gewoonlik – teen net ’n kwart van die gewone koers. Die vet wat hulle met hul ooretery opgegaar het, word baie stadig opgebruik. Dit gee hulle langer tyd om te slaap.
516,676
Die kussings aan ’n beer se pote dop tydens hibernasie af om vir groei en nuwe weefsel plek te maak.
516,677
Wanneer ’n beer ’n knus plek kry om nes te maak, keer hy elke jaar daarheen terug. Sy uitgeholde lêplek kan in ’n boomholte, onder boomstompe, in ’n rivierwal, grot of vlak holte wees.
516,678
Pandas hiberneer nie. In die winter beweeg hulle net na ’n warmer klimaat met volop kos. Bamboes is heeljaar beskikbaar en hulle moet dit die hele tyd eet.
516,679
Wanneer die weer matig en kos volop is, volg bere hul gewone roetine. Dié tydperk duur van die lente tot die middel van die somer – April tot Julie in die noordelike dele van die wêreld.
516,680
’n Mens voel mos deurmekaar wanneer jy ontwaak. Dink net hoe jy sal voel nadat jy sewe maande geslaap het! Nadat hulle wakker geword het, voel bere eers ná 20 dae normaal.
516,681
Kyk na die CFG-lêer in die afdeling Autopilot. As jy geen probleem daar kan kry nie, probeer om 'n ander vliegtuig se autopilot CFG in te voeg, of voeg 'n Nav / GPS-skakelaar van 'n ander vliegtuig by as 'n 2D-opspring en voeg dit by jou paneel vouer
516,682
Ek is mal oor reis en nuwe plekke of lande te kuier. Reis gereeld vir besigheid en soek maatskappy . Hou van die eenvoudig ervaring en ook somtyds die sewe ster ervaring dot hang af aan die geleentheid.
516,683
‘n Gedeelte van Toskane wat minder bekend is as die poskaart-skouspelagtige landskappe in die omgewings van Pienza, Siena, Grosetto en dies meer, is die Casentino. (‘n Teorie vir die oorsprong van die streeknaam ‘Toskane’ is dat hierdie ryk en vrugbare streek die vroeëre hartland van die Etruskers was, en indien jy diep sou grawe kry jy nog steeds tekens van hulle aanbiddingsplekke en grafte. Maar dit nou tersyde.)
516,684
(Sywaarts: ek het nie geweet Petrarca, bekend vir sy sonnette in die Toskaanse dialek, het in 1341 ook ‘n lang epiese gedig in Latyn geskryf met die titel Africa nie!)
516,685
Die Florentynse stadsowerhede het nie op hulle laat wag nie. “In die naam van God, amen,” word Dante Alighieri en sy seuns en saam met hulle al sy bondgenote tussen die ouderdomme van 15 tot 70 jaar in hulle afwesigheid vir minagting gevonnis: sou hulle ooit weer ‘n voet in die stad sit moet hulle “na die plek van teregstelling geneem word om daar onthoof te word sodat hulle mag sterwe.” Belangriker nog: daar word beslag gelê op al hulle besittings.
516,686
Die aptekerin agter die toonbank is blond, mollig en Italiaans mooi. Sy sê sy is toevallig ook 25 jaar oud.
516,687
Mens sou jou verhaal so lank kon maak soos Dante Alighieri se omswerwings, so kompleks soos sy illusies en sy politieke skuiwe, sy vrugtelose soeke na bondgenote teen die vooruitgangers en kapitaliste wat van hom ‘n bedelsanger gemaak het, so uitgesponne soos sy metafore, so klokhelder soos sy metafisika en dalk so donker soos sy mistiek. Mens wens jy kon dit so silwerig en presies maak soos sy poësie (nie sy briewe nie), meestal in terza rima neergepen en in alle opsigte so vloeiend aktueel soos die gedigte van ‘n Raymond Carver, en met net soveel ruimte vir die insidentele detail en dit wat op die wieke waargeneem en vasgeskryf word. (Die gedig as voëlent vir nagsangers.)
516,688
Die vaevuurberg. Purgatorio is hier geskryf, sekerlik die eerste vier-en-twintig ‘canti’ of gesangeverse, in die tyd toe die Conti Guidi broers vir Dante onderdak gegee het. Wanneer jy die Romena besigtig vanaf Porciano of Pratovecchio, of as jy daarna sou kyk van Poppi se kasteel se kant, dan moet jy jou die neëntien torings en drie sirkels van buitense skanse probeer indink, en die klipmure wat bietjie laer af die terrasse afgemerk en bestendig het en nog net bespeur kan word onder braambosse en ander onkruid. Dink verder en verbeel jou jy sien vir Dante agter een van die kasteelvensters staan, met ‘n uitsig noordwaarts na Pratovecchio, en dat hy besig is om die berg te skets.
516,689
Jy weet hy het hier gebly. Jy kan jou voorstel dat die sirkel van drie skutmure en dan die dalende terrasse helling-af na waar die Arno en die Fiumicello vloei vir hom ‘n inspirasie was vir Purgatorio. Jy stel jou voor dat hy daardie stroom sterre gesien het wat nou nog daar is en dat sy hart donker was van onbeloonde liefde. Dieselfde sterre sal weer opduik in Paradiso Canto XXII as voorlied tot die Fiumana di Luce (“Die Rivier van Lig”.) Ook in ander gedigte. En wanneer hy in sy Inferno XXX verwys na die spruite wat van die groen heuwels van die Casentino na benede by die Arno aansluit, dan weet jy hoe belangrik Romena in die skrywe van sy Divina Commedia was.
516,690
Baie dankie vir wonderlike diens en vriendelikheid. Dit was 'n plesier om in hierdie saal te wees. Die personeel is baie behulpsaam en baie vriendelik.
516,691
Viewin die Graffiti artikel. Cool graffiti en muurskilderye op die mure groot foto s van graffiti in die beste gehalte Op ons werf sal jy 'n groot aantal van die beste versamelings van foto's in 'n uitstekende gehalte te vind. Jy kan maklik jou interessante en pragtige beelde en kan gratis aflaai.
516,692
Vir diegene wat belangstel in sokker hier 'n persoonlike bladsy met al die aantrekkingskrag sokker – Holms SK, GIF Sundsvall en die Sweedse nasionale span. Via die pyl af ” ” jy kan ook in en uit van die uit die agenda wat jy wil sien. Verder af kan jy ook sien die kalender as 'n lys of maandelikse oorsig.
516,693
'n Jongman gee aan die Here verslag oor sy insigte in die wet. Soos die gesprek aangaan kom die oppervlakkigheid van sy geloof al hoe meer na vore.
516,694
Dit is maar net 'n ander manier waarop die Here hom aangesê het om die tweede tafel van die wet na te kom.
516,695
...as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, die is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in die spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het (Jakobus 1: 23, 24).
516,696
Daar is net Een Persoon wat die reg het om so 'n wet/spieël te kan gee, en die is die Persoon waar die enigste ware reg te kry is - God self.
516,697
Die bedoeling van die Here was nie dat Hy hierdie spieël van die sonde vir ons gegee het sodat ons daarmee vernietig moet word nie. Hy het die wet gegee sodat ons daarin kan sien wat die heilige en volmaakte wil van God is. As ons kyk na Deuteronomium het die Here inderdaad drie stelle wette gegee:
516,698
Hy het die reinigingswette gegee wat almal gaan oor die reinheid van ons liggame. Mense wat die wil van die Here doen, moet kan sien hoe netjies die Here is, en dan moet hulle ook op hulle persoon so netjies soos hulle Here wees. Die heidene loop vuil en slordig.
516,699
Die Here Jesus het die spieël voor hierdie ryk jong man gehou, sodat hy homself moet sien soos wat hy werklik is - m.a.w. soos wat die Here hom sien.