id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
516,500
Hy het op ’n inligtingsvergadering van die te stigte organisasie Mpumalanga-landbou gesê hy is veral ontevrede oor die departement landbou, bosbou en vissery se eis ná die onlangse plaaswerkerberaad in Somerset-Wes dat Agri SA vir sy optrede op dié kongres om verskoning vra.
516,501
“Ons wil steeds saamwerk en help bou aan die nuwe Suid-Afrika en ’n volhoubare en mededingende landbou-sektor.”
516,502
Hy het ook gewaarsku die land kan nie toelaat dat al die politieke mag in Suid-Afrika in die hande van politici is nie.
516,503
“Dis die burgerlike samelewing se taak om die balans te hou. Hierin het landbou-organisasies ’n groot rol te speel.”
516,504
Reg, sal al die kindertjies wat elke weeksdag om 11:00 vir ’n hele halfuur lank na die kinderstorie op RSG luister asseblief hulle handjies opsteek? Sien ek enetjie daar doer ver? En die mammas en pappas? O wag, hulle is by die werk. Oumas en oupas? Ekskuus, harder? Toemaar, ek hoor ook nie so lekker nie.
516,505
Inderdaad was die oorlog erger, en ek erken ’n mens behoort eerder te kla oor hoe die korrupsie op die Gupta-skaal meet en dies meer, maar dit gaan hier om radio.
516,506
Sedert die Siembamba-dae is ek ’n luisteraar: vroegoggend voor die radiogram, ’n substansiële affêre op sulke regop 1970’s-pote, vir ’n storie so kort soos ’n asemteug.
516,507
Dís my punt: G’n kind se aandagspan hou vir ’n halfuurlange tjommelrige radiostorie nie. Grootmense s’n ook nie. ’n Mens kan ook net ­soveel keer deur knersende tande neurie “draai sy nek om, gooi hom in die sloot . . .” voordat jy oorslaan na “sit dit af, sit dit af!”
516,508
Die onvermoë om die Guptas terug te kry in die land het ook kole op sy hoof laat neerkom, maar hy het gesê daar sal geen heilige koeie wees rondom die ondersoek nie. Hy het egter nie gemeld in watter jaar die saak afgehandel gaan wees nie.
516,509
’n Projek is ook geloods om nuwe teater-resensente te ontwikkel. “Kritiek is daarop gemik om kunsjoernalistiek in Suid-Afrika te bevorder en te ondersteun. Die doel is om aan individue met ’n belangstelling in kunsjoernalistiek ’n geleentheid om vaardighede in die skryf van analitiese en in diepte resensies te bied,” sê sy.
516,510
Hugo Theart, kreatiewe hoof van die KKNK, sê die inhoud van die feesprogram was van hoogstaande gehalte. “Dit was wonderlik om die magdom jong talent te beleef en hul kreatiwiteit en entoesiasme was ’n inspirasie. Wat ’n vreugde om Suid-Afrikaanse kuns en kultuur in die Klein Karoo te vier,” sê hy.
516,511
“Daniel Hugo se keurige hand en vaardigheid met die boekeprogram was ’n hoogtepunt en dit was ’n voorreg om dié week politici, digters, skrywers, akteurs, regisseurs, tegnici, kunstenaars en musikante in die Klein Karoo byeen te hê – om nie net gehore te vermaak nie – maar om te debatteer, argumenteer en sodoende konstruktief en deur middel van die kunste ons land en wêreld se kwessies te takel,” sluit hy af.
516,512
Die Keldery op Vredendal bied ’n heerlike Valentynsdag-ete vir jou en die spesiale persoon in jou lewe. Die ete...
516,513
Miljoene jare gelede was die Knersvlakte met water bedek, ’n groot delta wat deur die prehistoriese Garieprivier geskep is....
516,514
Ek praat nie van die misdaad en die politieke korrupsie en die aaklige Afrikaanse musiek op Radio Sonder Grense nie – wel, dit ook! – ek praat van al die nuwe openbare vakansiedae en spesiale herdenkingsdae wat deesdae op die Suid-Afrikaanse kalender pryk.
516,515
Dis nie net van die Ou Suid-Afrikaanse vakansiedae (soos Geloftedag) wat skielik afgewater is tot vae konsepte (soos Erfenisdag) nie. Daarvan het die meeste van julle wel teen hierdie tyd al gehoor! Dis die totaal onverwagte mode-dae, soos Sekretaresse-dag, soos Baas-dag, ensovoorts. Hierdie dae is nie gewortel in die oeroue geskiedenis van ons beskawing soos byvoorbeeld Kersfees of Yom Kippur nie. Dis nie deur Moses op ‘n kliptablet oorhandig, of ontdek in ‘n grot naby die Rooi See nie. Dis triviaal. Ek vermoed dis alles net geldmaak-foefies.
516,516
Johan Diederik Ungerer Geldenhuys is op 6 Augustus 1947 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer met sewe onderskeidings aan die Hoër Seunskool Helpmekaar. Hierna verwerf hy in 1971 ’n M.A.-graad in Engels aan die Randse Afrikaanse Universiteit met ’n verhandeling oor “The development of W.B. Yeats towards 'intellectual synthesis: a study of his use of symbols and sources”. As onderwyser gee hy klas in Engels, Latyn en Afrikaans en sedert 1979 is hy Hoof van Taaldienste vir die Nedcor-Groep. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1973 is hy met Sonnette Cecilia Briel getroud en hulle het twee kinders, ’n seun en ’n dogter.
516,517
By geleentheid skryf hy Afrikaanse gedigte wat onder andere in Standpunte gepubliseer word. In Afrikaans vertaal en verwerk hy[1] “Sonnette van Shakespeare”[2] in Afrikaans. Hierdie uiters moeilike taak verrig hy met bedrewenheid, veral aangesien hy die gedigte in Afrikaans vertolk eerder as letterlik vertaal en daardeur ’n eie stempel en ’n plaaslike idioom en gees daarop afdruk. Vertalings van Shakespeare laat onvermydelik van die inhoud en seggingskrag van die oorspronklike verlore gaan, maar die verwerkings is nogtans ’n aanwins vir die Afrikaanse poësie en taal. “Taal en twak” is ’n digbundel met kwatryne waarin die draak gesteek word met taalteoretici. Sy kreatiewe werk is egter hoofsaaklik gedigte in Engels, wat aanvanklik in tydskrifte soos Standpunte en Contrast verskyn en daarna in talle digbundels gepubliseer word. Hierdie bundels sluit in “A Crossing of Gods”, “Pellucid Paradigm”, “Structured space”, “Son of the Sun” en “The Third Way”.[3] “Psyspy” is ’n spioenasieriller in versvorm, terwyl[4] “The Easter Visitor” [5]en “Gospel 2000” epiese gedigte is. In samewerking met H.B. Falkena skryf hy die satiriese roman “Fool’s enterprise”, waarin die draak gesteek word met die mediese professie en veral die perverse inisiatiewe wat deur hulle besigheidsmodel geskep word. Dit is finansieel veel voordeliger wanneer mense siek is en siek bly, as wat dit is om hulle te genees.Hy skryf ook verskeie taalkundige handleidings, onder andere “Finansiële Teksvertaling” saam met E.E. Viljoen en F.W. Wolff, en versorg verskeie woordeboeke, waaronder die “Finansiële Woordeboek”. As vertaler is hy verantwoordelik vir die vertaling van “Die apokriewe evangelies”.
516,518
Die polisie het ’n vroue-ondersoekbeampte van die eenheid vir seksuele misdrywe aangestel om die saak te ondersoek van die Pretoriase ma wat verkrag, met ’n tuinvurk aangerand en vir dood langs ’n pad gelaat is.
516,519
Sy kan nie die voorval onthou nie, maar is langs die Mabopane-snelweg buite Pretoria gevind met ’n gebreekte regterarm en -been en ’n gebreekte kakebeen.
516,520
Twee polisiemanne het die vrou se verklaring kom haal wat haar skoonsuster, ook ’n polisiebeampte, meer as ’n week gelede afgeneem het.
516,521
Die berig Sê jou sê: Reitz4 - is die UV skuldig? verwys. As die universiteit sy eie reëls oor die hantering van die saak toegepas het, het hy eerstens probeer uitvind wat die studente se kant is en die saak anders hanteer.
516,522
29.07.10 19:42: Kuzbass42 » MaSя, Жааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааадинааа ааааааааааааааааааааааааааа!
516,523
Die rede hoekom ons ʼn lewe moet leef wat anders lyk en ʼn verduideliking eis is die koninkryk. Die verduideliking wat ons moet gee hoekom ons lewe anders lyk, is die koninkryk. In hierdie preek leer ons meer wat dit is en hoe ons moet leef om eers die koninkryk van God te soek.
516,524
Luister, so sê die Here wat jou geskep het: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jes 43:1)
516,525
Hoe jy jouself sien, het ’n groot invloed op hoe jy God sien en hoe jou verhouding met Hom lyk. Die manier hoe jy leef, hoe jy oor Hom getuig, hoe jy die lewe sien en ervaar begin alles by jou identiteit. En ons weet waar ons identiteit lê: Ons is God se kinders. Hy is ons Vader. Ons kan liefhê, want Hy het ons lief. Ons kan vir mekaar omgee, want Hy gee vir ons om. En ons hoef nie bang te wees vir die wêreld nie, want Hy sorg vir ons. Ons is kosbaar en spesiaal en het ’n belangrike rol om in die lewe te vervul.
516,526
Ek gesels graag en het 'n goeie sin vir humor. Help graag ander en is lief vir die natuur. Die bosveld is my gunsteling.
516,527
Wil iemand hê wat my kan laat lag en op beur wanneer ek nie te vrolik voel nie. Iemand wat my soos 'n man kan laat voel en vir wie ek op my hande kan dra. 'n man vir haar kan wees en wat ek kan lief hê sonder pretensie en sonder enige by bedoelings. Een wat ek kan bederf en een wat dankbaar is vir die klein asook die groot goed in die lewe.
516,528
ü Watter bybel gedeeltes is deurslaggewend in die onderrig oor die vrees van die Here? Let veral op die magtige dade van God wat beide Sy liefde en geregtigheid, vriendelikheid en strengheid wys.
516,529
Viewin die Barbie artikel. Die beste foto s van barbie poppe n groot versameling van die mode klere vir barbie Op ons werf sal jy 'n groot aantal van die beste versamelings van foto's in 'n uitstekende gehalte te vind. Jy kan maklik jou interessante en pragtige beelde en kan gratis aflaai.
516,530
WINS het vir Renier gevra om ‘n tikkie oor homself en sy inspirasie vir “Nader” met ons lesers te deel:
516,531
'n Voorbeeld van ons Hulpnavrae. Moenie op enige hulpnavraag hieronder reageer nie, want dit is 'n ou weergawe:
516,532
[Hekmotor] (51455) Ek het 'n hekmotor (stukkend) wat ek gratis wil weggee, indien iemand dit dalk kan herstel of die onderdele kan gebruik.
516,533
[Werk] (52457) Ek is op soek na werk by 'n kleuterskool in Krugersdorp omgewing. Laat weet my asseblief as poste beskikbaar is.
516,534
Die verskillende grondliggende vorms van sneeukristalle is afhanklik van die temperatuur: By laer temperature ontstaan sneeukristalle in die vorm van plaatjies of prismas, terwyl hoër temperature sesarmige dendriete (sterre) laat ontstaan. Ook die lugvogtigheid oefen 'n invloed op die kristalle se groei uit. Die vorming van sneeukristalle laat die temperatuur in 'n wolk styg aangesien die kristalle tydens die vriesproses warmte vrystel, terwyl hulle warmte opneem sodra hulle verdamp.
516,535
In die geval van 'n hoë termiek beweeg die kristalle verskeie kere vertikaal deur die atmosfeer, word gedeeltelik opgesmelt en kan weer opnuut kristalliseer. Hierdie proses verander die oorspronklike reëlmatige struktuur en lei tot 'n groot aantal ingewikkelde mengvorme. Dikwels word daar beweer dat twee sneeuvlokke nooit dieselfde sou lyk nie. Die navorsers Bentley en Humphreys het in 1962 meer as 6 000 verskillende kristalvorme getel.
516,536
Net soos met hulle groot antal vorme verbaas sneeukristalle ook met hulle simmetrie wat van hulle ook 'n gewilde voorbeeld van die fraktale geometrie gemaak het. Die verskillende vertakkinge groei in 'n sneeukristal steeds op dieselfde manier en blykbaar ook met min of meer dieselfde snelheid, selfs as hulle spitse, waar hulle verder groei, dikwels 'n paar millimeter uitmekaar lê. Moontlik is die groeitoestande aan die spitse van verskillende vergelykbare kernplekke op gelyke tydstippe ook min of meer dieselfdes.[2]
516,537
'n Gewone heksagoniese dendritiese sneeuvlokkie, vergroot met 'n lae-temperatuur skanderende elektronmikroskoop. Die beeld is kunsmatig gekleurd om die sentrale vlokkie te beklemtoon.
516,538
Sneeu het sy wit kleur eweneens aan die yskristalle te danke, waarvan elkeen net soos ys deursigtig is. Die lig van alle siigbare golflengtes word op die oppervlaktes, wat die yskristalle teen die omgewingslug afgrens, geweerkaats en verstrooi. 'n Groot aantal yskristalle wat deurmekaar geposisioneer is lei tot 'n diffuse weerkaatsing, en die sneeu kry 'n wit voorkoms. 'n Soortgelyke verskynsel tree byvoorbeeld ook by sout op wanneer 'n mens poeier en groter kristalle met mekaar vergelyk.
516,539
Die grootste sneeuvlok wat ooit raakgesien is het 'n deursnee van twaalf sentimeter bereik. Gewoonlik is die deursnee egter tot sowat vyf millimeter met 'n gewig van 0,004 gram beperk. Die sneeuvlokke begin groter word sodra die lugtemperatuur styg. By hoër temperature smelt die yskristalle en begin aan mekaar verkleef te raak sodat hulle groter vlokke vorm.
516,540
Sodra 'n sneeuvlok op water val veroorsaak dit vanweë die lugborrels wat daarin ingesluit is 'n skril geluid met 'n hoë frekwensie van tussen 50 en 200 kilohertz (wat vir mense egter onhoorbaar is).[4]
516,541
Die watergehalte (of waterekwivalent) van 'n sneeulaag en sy digtheid speel 'n belangrike rol in die klimatologie en hidrologie. Ook die sneeugrens, wat sneeubedekte en sneeuvrye gebiede van mekaar skei, is 'n belangrike klimatologiese kensyfer.
516,542
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsvraag lui soos volg: Met spesifieke verwysing na die gekose dramas, op watter wyse word die Kleurling en sy gemeenskap in die post-apartheid-teater uitgebeeld? Ten einde hierdie vraag te kan beantwoord, moes daar na spesifieke punte gekyk word. Eerstens is daar, met behulp van die identiteitsteorieë van Erik Erikson en James Marcia asook die teorieë rakende rasse- en etniese identiteit, gekyk na wat persoonlike identiteitsvorming behels. Vanuit hierdie teorieë kom ek tot die slotsom dat die individuele identiteit ’n konstante proses is wat gedurig aan die vorm en hervorm is, veral tydens die adolessentejare. Tweedens is daar gekyk na wat groepsidentiteit behels. ’n Groep word gekenmerk deur die aard van die verhoudings tussen sy lede en speel ’n sterk rol in die strukturering van identiteite. Groepsidentifisering is ’n strategie vir die suksesvolle hantering van negatiewe effekte wat verband hou met etniese minderheidsgroepe. Etniese groepe word heel dikwels bevooroordeel as gevolg van die stigma wat saam met die groep gekenmerk word. Die Kaapse Kleurling en die Kaapse Maleier is die twee groepe wat gekies is vir bestudering en bespreking, aangesien dit die twee grootste groepe binne Kaapstad is. Daar is ook aandag gevestig op identiteit soos te sien binne die literatuur en teater. Teater dien as ’n eksterne doel in die bevordering van ’n kulturele identiteit binne ’n onbekende konteks. Dit is ’n transformasieritueel wat die mens in staat stel om betekenis te produseer en te help om ’n wyse van identifikasie te skep. Teater is dié platform waar die mensdom in elke vorm ten toon gestel kan word – ’n ruimte wat verskaf word om die onbekende te konfronteer en dit gevolglik te aanvaar of nie. Daar is verskeie faktore en onderafdelings wat gekies kan word vir die vorming van ’n Kleurling-identiteit. Hierdie faktore bestaan uit die volgende: geslag, godsdiens, taal, styl, klas, opvoeding en voorkoms. Na aanleiding van die navorsing en gekose dramas, word daar drie kategorieë gevorm wat elkeen sy eie tipe Kleurlingkarakter huisves. Kategorie een bestaan uit die uiterste stereotipe: die tipiese Kaapse Kleurling en Kaapse Maleier. Kategorie twee maak plek vir die middeweg: die “lewende” Kaapse Kleurling en Maleise Indiër. Die laaste kategorie is die tuiste vir die ander uiterste, die Wit-Kleurling en die Publieke Maleier. Kategorie een en twee is waaruit die meeste Kleurlinge gekies en verteenwoordig word. Kategorie drie Kleurlinge word uiters selde verteenwoordig. Daar is ook geen melding van ’n Kleurling wat buite die Kaapse Vlakte gebore is en hoe sy lewe ontvou nie. Dramaturge, regisseurs en akteurs skep dikwels Kleurlingkarakters van wie daar vooropgestelde idees bestaan. Hierdie karaktereienskappe blyk ’n reduksie van identiteit te wees wat die vooropgestelde idees bevorder. Die Apartheidswette wat gebruik is om die Kleurling te marginaliseer, se skadu’s word steeds in hierdie karaktereienskappe aangetref. Solank as wat hierdie aspekte nog in die samelewing en gemeenskappe teenwoordig is, sal dit op een of ander manier op die verhoog uitgespeel word. Ongelukkig word die Kleurling en sy gemeenskap nog hoofsaaklik volgens hierdie stereotipes in die post-apartheid-teater verteenwoordig.
516,543
In die toekoms, so lyk dit vir oom Herrie, hoef iemand wat ’n plekkie by die see soek nie sy kop te breek oor die vreeslike pryse nie. Nee, hy kan dalk ’n plekkie teen ’n winskoop iewers in die Karoo losslaan, mits hy natuurlik bereid is om ’n rukkie te wag voor die see oor ’n paar jaar daarnatoe opgestoot kom.
516,544
Dié keer is dit wetenskaplikes wat waarsku oor die komende moeilikheid. Nasa, wat gewoonlik met sy kop in die ruimte staan, kyk egter ook van daar na die aarde terug en sien die gevare. Nasa self is in die knyp, met die helfte van sy geriewe wat laer as 5 meter bo seevlak is. Wetenskaplikes meen die seevlak kan met 20 meter styg as die ys op Groenland smelt.
516,545
Maar maak nie saak hoe oom Herrie sommetjies maak nie, die kanse lyk skraal dat sy eie huis in Bloemfontein ’n strandhuis sal kan word. Behalwe natuurlik as die strand ’n paar honderd kilometer wyd is.
516,546
Om ’n scoop (vuurwarm nuusdeurbraak) te kry is ’n gelukskoot vir die verslaggewer (nie die slagoffers nie). Maar hoe harder ’n mens werk vir ’n scoop, hoe meer gereeld is die geluk aan ’n mens se kant.
516,547
Abilene is 'n dorp in die Amerikaanse staat Kansas, sowat 225 km wes van Kansas City. Dit het in die 19de eeu ontwikkel as 'n sentrum vir die beesboerderybedryf en spoorweë. Dit het 'n bevolking van sowat 6 800.
516,548
Só het Die Burger gister verneem toe daar ondersoek ingestel is na die kommerwekkende werkloosheidsituasie in die Suid-Kaap.
516,549
“Ons sukkel om werk vir die werkloses te kry en bekostigbare verblyf vir diegene wat wel ’n salaris verdien.
516,550
Volgens Yalezo word hulle oorval deur mense wat desperaat is vir werk. “Baie mans het aan die begin van die jaar hul werk verloor. Die prentjie lyk regtig donker.”
516,551
’n Armoedeberaad het verlede jaar aan die lig gebring dat Eden, wat ’n groot deel van die Suid-Kaap beslaan, een van die armste streke in die Wes-Kaap is. In die Eden-streek is daar tans meer as 87 000 mense wat maatskaplike toelaes ontvang.
516,552
Gratis toegang. Mimi, Piet Botha, Roof, Kabous: kom ons kyk wat maak jy met so 'n vervlegting van stemme.
516,553
“Hy was my hoërskoolliefde en ons was op ’n avontuur op pad Engeland toe. Dit was in 2002. Ons aanvanklike beplanning was om vir ’n jaar te gaan, maar ons het dit só geniet dat ons uiteindelik vir sewe jaar gebly het. Ons het verloof geraak en getrou, en in 2008 was ek swanger met ons dogtertjie, Gizelle (nou sewe). Sy is in Junie 2009 gebore.”
516,554
Vervloë gevoelens word opgediep soos wat Jo die spore van die verlede volg. Dit klink byna asof sy die opsomming van ’n fiktiewe boek of film vertel, asof haar eie verhaal byna ’n hersenskim van iemand anders se herinneringe uitmaak. Maar dit hét gebeur. En sy dra tog die letsels van die hartwonde met haar saam.
516,555
“Kort ná Gizelle se geboorte het my (nou) eksman, Jim*, ’n restaurant-franchise in Engeland oopmaak. Uit die aard van die bedryf was hy selde by die huis, en hy het ook baie laat saans tuisgekom. Ek het niks vreemds daarvan gedink of onraad vermoed nie.”
516,556
Jim het aanbeveel dat sy by haar ouers gaan kuier oor die Kerstyd omdat, volgens hom, die restaurant hom baie besig sou hou met jaareindfunksies en Kerspartytjies. “Hy het voorgestel dat ek sommer vir twee maande gaan.”
516,557
Sy het die wegbreek en praktiese hulp met haar baba nodig gehad en na Suid-Afrika vertrek vir ’n vakansie by haar ma-hulle. Terwyl sy haar ruskansie geniet het, het haar buurvrou uit Engeland gebel. “Sy het vir my gesê dat daar ’n blonde vrou in my huis woon saam met my man, en dat sy reeds daar oorgeslaap het op dieselfde aand wat ek op die vliegtuig geklim het.”
516,558
Die buurvrou het die ander vrou se voorkoms beskryf, en Jo het besef dat die beskrywing met dié van ’n kelnerin wat in Jim se restaurant werk, ooreenstem.
516,559
Kort daarna het Jo ’n oproep van Jim ontvang om haar te laat weet dat sy eerder nie moet terugkom Engeland toe nie. Hy het ook haar vermoedens oor die kelnerin bevestig. ’n Paar maande daarna is hulle geskei.
516,560
Die ergste, vertel Jo, is dat sy en Jim die kelnerin saam aangestel het (Jo was ook ’n vennoot in die restaurant-franchise). Dus was die kelnerin baie bewus van haar status as Jim se vrou en die ma van sy kind.
516,561
Die eerste jaar van Gizelle se lewe was ’n blur, onthou Jo. “Dit was ’n baie traumatiese tyd.” Haar ma en familie het haar prakties baie gehelp en haar emosioneel bygestaan. Sy was ook die een wat vir Jo aangemoedig het om vir Gary te ontmoet en vir hom ’n kans te gee.
516,562
Terwyl hulle uitgegaan het, was Jo doodbang. Nie oor iets wat Gary verkeerd gedoen het nie, maar om weer seer te kry. Hy het haar egter onophoudelik gerusgestel oor sy liefde. “Hy sou deur die dag vir my teksboodskappe stuur en my gereeld bel as hy by die werk was. Uiteindelik het ek besef ek sal die vrees moet laat gaan om weer gelukkig te wees.”
516,563
“Nadat ek die verskriklikste seer moes oorleef, het ek die mees ongelooflike man ontmoet! Hy is ook ’n wonderlike, hands-on pa,” vertel Jo. “Hy is amper perfek . . . maar hy is steeds ’n man!” lag sy hardop.
516,564
“Glo in God, want daar is iets beters wat vir jou wag. Alles in die lewe het werklik ’n doel, alles is ineengevleg. Soms moet ’n mens net eers deur die donker dieptes gaan om as ’n sterker persoon anderkant uit te stap. Die hemel wag aan die ander kant.”
516,565
Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop u my oor’n baie lang tydperk behandel het en al die geduld wat daarmee saamgegaan het! Ek waardeer regtig wat u vir my gedoen het en natuurlilk is die baie beter sig wat ek nou het, ‘n ekstra groot bonus!
516,566
Ek kan nie my ideale pasmaat beskryf nie want die regte een sal op die regte tyd op my pad gestuur word
516,567
Dr. W.M Nicol het tydens die een-en twintigste verjaarsdagvieringe van die destydse Hoërskool Helpmekaar na dié skool as die “Strydende Skool” verwys. Niemand anders as juis dr. William Nicol sou so ‘n raak en veelseggende titel kon kies nie. Dit was nie dat hy sommer maar net na ‘n gepaste opskrif vir ‘n gevraagde bydrae tot die jaarblad van daardie jaar (1942) gesoek het nie. Hy was immers die “vader” van die skool en hy het geweet wat dit geverg het om owerhede tot stigting van dié skool te oorreed, maar ook wat dit in die toekoms sou verg om die skool staande te laat bly. Die koshuis is juis gebou om sy bydrae tot hierdie tradisieryke skool te vereer. Ons verwag dus van elke koshuisleerder en voornemende koshuisleerder om ‘n positiewe bydrae ten opsigte van die koshuislewe en tradisies te lewer.
516,568
Property Address:47 MidasElarduspark, PretoriaGemoedsrus! Dit is wat jy kry wanneer jy hierdie splinternuwe aftreehuis in die gewilde Bronberg Aftreelandgoed in Pretoria-Oos koop. Dié netjiese 3-slaapkamerhuis bied jou die geleentheid om die onafhanklike aktiewe leefwyse waaraan jy gewoond is, in die veilige omgewing van ‘n aftreeoord met volledige ondersteuningsfasiliteite en puik sekuriteit, v ...
516,569
6 As 'n mens in ag neem dat die Franse rewolusie in werklikheid vanaf 1789 tot 1848 geduur het voordat dit behoorlik verwerk was en die samelewing weer rustig geword het, is dit duidelik dat rewolusies - selfs die vreedsame een wat in 1994 in Suid-Afrika begin het - tot 'n halfeeu lank kan duur. Die feit dat leiers van lande in Afrika wat reeds in 1960 onafhanklik geword het nog telkens na die koloniale verlede verwys (en in Suid-Afrika telkens na apartheid, soos pres. Thabo Mbeki op 22 Maart 2006 tydens sy staatsbesoek aan Italie), bevestig hierdie waarneming.
516,570
7 Bentham het 'n soort tronk ontwikkel waarin die bewaarder in die middel sit met die selle in 'n halfmaan rondom hom. Op dié manier kon een bewaarder 'n hele aantal gevangenes en/in hulle selle dophou. Hy kon hulle ook dag en nag dophou.
516,571
11 Vanuit 'n tradisionele benadering tot dissipline sou 'n mens hierdie "sogenaamd" kon weglaat. Dit geld ook vir die ander plekke waar die uitdrukking "sogenaamd ongedissiplineerd" verder aan gebruik word.
516,572
12 Beskrywings van ontwikkelinge in hierdie tydsgewrig vind 'n mens in die bekende werke van Rand (1971) en Brezinka (1976).
516,573
16 Verskillende (tegniese) universiteite stel relatief goedkoop pakkette beskikbaar met behulp waarvan onderwysers in die mees afgeleë en agtergeblewe dele van die land die basiese beginsels van die natuurwetenskap en die tegnologie vir die leerders kan demonstreer. In hierdie pakkette word doelbewus aangesluit by apparaat wat die leerders in hulle ouerhuise se kombuise sal kan aantref.
516,574
17 Hoewel hierdie siening aansluit by die redenasie in hierdie artikel, kan 'n mens nie saamstem met die gedagte dat die kind outonoom - die eie wetgewer - is nie. Kinders bly steeds onvolwasse persone wat leiding en begeleiding nodig het ten einde hulle weg deur die lewe te kan baan. Kinders kan nie self-wetgewers (outonoom) wees nie omdat dit hulle sal verhinder om deur middel van enkulturasie en sosialisering in te pas by die beginsels, norme en waardes van die samelewing waarin hulle leef. Iemand wat 'n self-wetgewer is, sal neig om die eie kop te volg, en dus moeilik aan- en inpas in die sosiale en kulturele omgewing en by die reëls daarvan (vgl. Helsper 2006:19-20).
516,575
18 Die uitdrukking "outonome regte" skep 'n probleem. Enersyds beteken dit dat die kind vir hom/haarself regte bepaal. In voetnota 17 is al 'n beswaar hierteen gelug. Andersyds is hierdie uitdrukking kontradiktories in 'n menseregtebedeling. In 'n regstaat soos Suid-Afrika bestaan daar 'n statutêre Handves van Menseregte waaraan alle burgers onderworpe is. Niemand kan dus outonoom (=selfwetgewend) regte vir hom of haarself in so 'n menseregte-omgewing bepaal nie.
516,576
Op die plaas Jachtkop naby Vrede in die Vrystaat het ek diè sonsondergang teëgekom. Ons was daar as gaste vir ‘n baie mooi troue, met die seremonie buite onder die bloekombome en die onthaal in ‘n ou skuur. Hulle sê mos nie verniet dat die goue uur van fotografie is wanneer die son of sy verskyning of sy verdwyning maak nie.
516,577
Inligting oor soen speletjies - wat kan meer romanties wees? Elke meisie droom van soen onder die maan, romanse, passie en liefde. En nou al hierdie wonderlike emosies op die skerm vervoer. Wil jy in die maalstroom van romantiese avontuur te voel? Toe het die spel oor die soen - dit is presies wat jy nodig het!Vir die spel, "soen" beteken nie noodwendig die minnaar, want jou doel is om te help liefhebbers alle struikelblokke oorkom en verenig hulle harte en lippe. Mees dikwels, hierdie speletjies vir meisies - soen en romantiese bui - dit is hulle prerogatief. Dit beteken egter nie beteken dat die spel "Kisses" moet jy 'n meisie te wees. Statistiek toon dat selfs die ouens geniet speel in hierdie "stok", want hulle kan afgesien van romanse en aksie!Wat is die spel "Kisses"? Jy moet die twee minnaars om saam te help. Hulle egter altyd iemand inmeng! Dan 'n skurk, dan honger vir skinder werknemer, en selfs jou beste vriend, wat nie genoeg aandag. Maar die pyle van Cupid ken nie die struikelblokke en dus jou taak sal wees om om te gaan met al die siek-wishers. Sommige speletjies soen soos 'n legkaart - om uiteindelik die liefde sy lippe aangeraak, jy het 'n fassinerende raaisel op te los. Is jy gereed? Dan voort te gaan - ons bied die besoekers van ons webwerf games vir gratis, "soen" - ook beskikbaar vir gratis.Op ons webwerf wat jy kan vind allerhande speletjies vir meisies: "Kisses", avontuur speletjies, aantrek speletjies en vele ander. Maar, natuurlik, "soen" - die mees romantiese van alles. Hier is die atmosfeer is versadig met teerheid en passie, liefde is letterlik in elke wedstryd! As jy nog altyd die romanse, en selfs 'n paar van jou poppe liefgehad het, dan is dit spel is net vir jou geskep. By the way, het ons uit te brei al ons speletjies gratis - "Kisses" is geen uitsondering nie. Speel met geen geld, reg nou speel, en laat jou weg te voer 'n stormwind liefdesverhouding wat spel. Dus, as jy op soek is na vir speletjies vir meisies, "soen" - is presies wat jy nodig. Hier sal jy 'n groot lading romantiese bui en pret tyd met ons. As jy wil om te speel gratis, "soen" - weer presies op die teiken val. Na alles, in die spel, soos die meeste van die ander op ons webwerf, nie absoluut geen bydraes. Kom ons duik in die atmosfeer van romanse en liefde right now!
516,578
Ek is n vriendelike mens, wat hou van mense om my en wat hou van die buitelug. Ek is n energieke persoon wat maklik aanpasbaar is...
516,579
Rustige persoon wat hou daarvan om ander mense te ontmoet. Geniet eerder 'n fliek as 'n dans klub. Ek vat elke dag soos dit kom, probeer om eerder te lag as om te huil.
516,580
Ek soek op die staduim net iemand om mee te gesels en grappies te maak, wie weet, dit kan selfs na 'n ernstiger verhouding lei.
516,581
Hi Jolene Wil net vir jou baie dankie sê dat ons van jul verblyf kon gebruik maak. Dit was baie lekker rustig en alles is so mooi, ons het die kaggel die natuur op jou... fortgesetzt
516,582
Let betaal 'n visite om Nick teen 'n hoek van aanval vir jou vlieg skoolopleiding op Simulator met ook ander
516,583
Jakob het nou die seën gekry. Inderdaad. Maar hoe? Langs ‘n sondige weg: deur bedrog. So kán hy die HERE se seën nie ontvang word nie. So gaan die HERE se verbondsbeloftes vir geen mens in vervulling nie. Die sonde blokkeer die weg. Vir Israel sê Jesaja (59:2): …julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
516,584
Dit wil die Here aan ons toon. Hy leer ons in hierdie geskiedenis: Die vervulling van die beloftes hang nie af van die uitverkore mens nie, maar van die uitverkiesende God. Dit hang nie af van die werke van die mens nie, maar dit is die werk van God in Christus.
516,585
Hierdie openbaring is van besondere betekenis vir Jakob se verdere lewe: sy verblyf in Haran, sy huwelike en die uitbreiding van sy gesin.
516,586
Jakob moet vlug vir sy lewe. Hy het met menslike middele, met die sondige gryparm van bedrog, probeer om die HERE sy beloftes te bekom. Nou het hy niks nie. Nou het hy alles verloor. Al verder en verder vlug hy weg – weg van die belofteland, in ballingskap.
516,587
Die leer of trap wat Jakob aanskou, is op die aarde opgerig. Die bopunt daarvan reik tot aan die hemel. Bo-aan die leer sien Jakob die HERE staan.
516,588
Ons het geen beter kommentaar op hierdie droom as die Bybel self nie. Die Nuwe Testament laat ons sien wat – of beter gesê Wie – die leer is: Christus is daardie Jakobsleer! Dit sê Hy self in Johannes (1:52) aan Natánael: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. Hy is die Middelaar, die bemiddelende leer wat die verbinding tussen hemel en aarde bewerkstellig.
516,589
Deur Christus kan ons weer na God toe gaan en deur Hom ontvang ons die weelde van God se beloftes. Hy is die weg en die waarheid en die lewe.
516,590
In Hebreërs 1 vers 14 word van die engele gesê: Hulle is almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe.
516,591
Die HERE staan die bo-aan die leer en Hy belowe aan Jakob: Hy sal die land Kanaän ontvang. Ook sal hy ‘n groot volk word.
516,592
En dan eindig die HERE sy woorde met die heerlike Immanuel-belofte: En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land ….“
516,593
Ek – dit staan daar met nadruk: Ek, Ek is met jou…. En dan is dit verder ook net Ek, Ek, Ek. Die beloftes is gewaarborg deur God self, deur dit wat Hy doen: “….Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land…”. En dan eindig die HERE met die versekering: “….Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het”.
516,594
Dit is van heel besondere betekenis wanneer Jakob hierdie droom te siene kry: Dit gebeur voordat hy in Haran, by Laban, aankom. Hy ontvang die droom dus voor sy huwelike en die uitbreiding van sy gesin. Dit is geweldig veelseggend: Eers is daar die droom en dan die uitbreiding van sy gesin. Ons kan ook maar sê: Eers is daar die leer en dan die ontstaan, die geboorte van die kerk. Die leer maak dit moontlik. Die droom laat ons die geheim van die groei en die uitbreiding van die kerk sien.
516,595
Die wandelaar moet verder gaan op sy moeisame tog. Maar hy is nie alleen nie. Die HERE is by hom. En sy engele:
516,596
Ek sou graag wou hoor wat presies hulle doen met die "pressure plate" en ook wat die ander knaldemper doen.
516,597
Ek het hom nog net in die verkeer gery vanmore, maar dit voel of hy meer responsive is. Hy haal beslis beter asem.. En hy raas nie, wel, nie onnodig baie nie..
516,598
Ek weet nie watter ander mods behalwe die exhaust jy gedoen het nie, maar die Q4 alleen het n massiewe impak! LA sport se hilux het die Q4 met n freeflow en n front-mount intercooler, bygese hy het ook n meneer clutch mos opsit. Jy moet laatweet watse syfers jy kry as hy op die dyno was
516,599
Zuma laat hom nie afsit deur ‘n spul lawaaimakers nie. Hy word deur die ANC se uitvoerende raad beskerm so die spulletjie se manewales skeel hom maar min. Hy is óf dikvellig óf besef regtig nie die erns van sy situasie nie. As ek in sy skoene was, het ek vinnig plan gemaak en ‘n uittredingsooreenkoms met die ANC aangegaan.