id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
515,900
’n SMS wat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aan miljoene Suid-Afrikaners gestuur het om te vra dat hulle na hul plaaslike registrasiepunt gaan om hul woonadres op die kieserslys aan te bring, het talle kiesers boos.
515,901
Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, het aan Maroela Media verduidelik dat die OVK besig is om kiesers se adresse te verifieer en te verseker dat die besonderhede op die kieserslys so akkuraat as moontlik is. “In baie gevalle is die adres wat ons vir ʼn kieser het nie volledig nie of nie duidelik nie. Daar staan byvoorbeeld Kerkstraat, maar daar staan nie in watter stad die kieser bly nie en daar is talle strate genaamd Kerkstraat in Suid-Afrika,” het sy gesê.
515,902
Die OVK het hom egter tot die konstitusionele hof gewend om teen die uitspraak te appelleer aangesien die uitspraak sal beteken dat sowat 16,2 miljoen mense nie op die kieserslys sal mag bly en nie kan stem nie as die OVK nie hul volledige adresse kan verskaf nie.
515,903
“Ons kan nie wag tot die hof ʼn uitspraak lewer voordat ons begin om ons kieserslys op te dateer nie. Daar sal nie genoeg tyd wees nie,” het sy gesê. “Ons is gedruk vir tyd en ons moet nou al begin om seker te maak dat ons kiesers se korrekte adresse op ons stelsels het. Ons hoop kiesers sal gehoor gee aan ons versoek om asseblief hul inligting by hul naaste registrasiepunt te gaan opdateer.”
515,904
Sy het ook gesê dat die OVK ʼn vorm op sy webwerf beskikbaar gestel het wat kiesers net kan uitdruk en invul en dan by hul betrokke registrasiepunt gaan afgee.
515,905
As jy nie stem nie, mag jy nie kla oor enige iets in die land nie, elke stem wat nie stem nie gaan dan na die ANC.
515,906
En as jy stem, mag jy kla – en waar bring dit jou? Vergeet die politiek, man – verkiesings is deurtrek met korrupsie, skelmstreke en valse beloftes. Gooi eerder jou tyd en energie agter burgerregte-organisasies soos Afriforum in.
515,907
As jy stem mag jy juis nie kla nie! As jy wil deelneem moet jy mos die uitslag aanvaar, jy het dan reeds jou “demokratiese” reg uitgeoeffen. Stem reg, bly weg.
515,908
Met die vorige verkiesing het my man se werker gestem sonder n ID boek. Die dag na die stemmery het hy gesé hy het “gevote ” nou hoe verstaan jy dit!??????
515,909
Ja ek hoor wat julle se hulle se by die IEC kantore die adresse word nagegaan en dan reggestel en soos julle se ek en my dogter bly ook by dieselfde adrer, sy is daar en ek nie dit is skrikwekkend om te weet ouer gardes se adresse verdwyn net ne
515,910
Die OVK probeer om die stelsel reg te kry nadat die ANC in Thlokwe (Potchefstroom) meer as 4000 kiesers in gery het om te stem en toe uit gevang is. Dit is vir ons almal baie frustrerend maar gaan maak seker dat jou besonderhede reg is sodat ons die ANC n groot pak kan gee in die opkomende verkiesing. Moet nie negatief wees nie en sê dat jy nie gaan stem nie – ons het alle stemme nodig as ons die land wil reg kry en jy mag nie kritiseer as jy nie stem nie.
515,911
Die wat sê dat ander nie die reg het om te kla as hulle nie stem nie is arrogant. Een het die volste reg om te kla as jou belastinggeld vermors word of jy gestem het of nie.
515,912
En hoe verduidelik die OVK dat jy geen bewys van residesie nodig het nie, net jou word is goed genoeg. Maak dit oop vir bedrog soos in Tolkwe!
515,913
Ek wou my vorm ingee die naweek maar die beamptes wou hom nie vat omrede ek nie my ID by my gehad het nie. Wat doen ek nou met die vorm.
515,914
Met deernis en fyn humor beeld hierdie gewilde skrywer die lewe van Abel en sy drie dogters uit: hul wel en wee binne die werklikhede van ons tyd.
515,915
Hoofsaaklik is vir die Kaapflora die buitengewoonlike endemieterykdom te benadruk, wat heet, dat daar hier baie plante van 'n geslag of familie aanwesig is, wat alleen in die begrenste gebied aangetref word. Verder is daar ooreenkomste met die floraryke van Antarktika en Australië, Antarctis en Australis, vasstelbaar (hierdie gebiede wat vandag ver van mekaar af lê, het aan die einde van die Jura saam die kontinent Gondwanaland gevorm).
515,916
Brande speel 'n belangrike rol in die ekologie van die Kaapse Floraryk. Hulle is ook 'n rede waarom daar in droëre streke weinig bos is. Enkele plante kiem pas na 'n brand, byvoorbeeld omdat ou plante die lig nie meer van die jonge plante ontneem nie. Daar word vandag probeer deur doelgerigte brande vir die onderhoud van die natuur te sorg.
515,917
Skaars vier jaar later is die houtstruktuur in ’n brand beskadig. Dit is herstel, maar in 1923 in puin gelê. In 1929 is ’n baksteenpaviljoen op min of meer dieselfde plek gebou, met ’n speelterrein en ’n bioskoop.
515,918
Die Strand Pavilion-kompleks soos hy vandag lyk, met ’n restaurant oor die water en ’n swembad van Olimpiese grootte, is in 1990 op die fondamente van die vroeëre gebou opgerig.
515,919
Afgesien van die ondersoek saam met CIPC, sal die departement ook die onafhanklike reguleringsraad van ouditeure (Irba) vra om ondersoek in te stel na die rol van die ouditeure in die Steinhoff-skandaal.
515,920
Pharos het ’n span leksikograwe wat voortdurend nuwe produkte ontwikkel om vir die snelveranderende behoeftes van Suid-Afrikaanse woordeboekgebruikers te voorsien.
515,921
PharosAanlyn bied subskripsies vir enkelgebruikers, veelvuldige gebruikers, skole en tersiêre instellings. Enkelgebruikers het ’n keuse uit drie pakkette, naamlik algemene woordeboeke, vakwoordeboeke of ’n gekombineerde pakket bestaande uit algemene én vakwoordeboeke. Die pakket vir veelvuldige gebruikers en tersiêre instellings sluit sowel algemene as vakwoordeboeke in. Die skole-pakket bevat ’n versameling woordeboeke wat op die daaglikse taalbehoeftes van leerders fokus. Die Afrikaanse woordelys en spelreëls is nou beskikbaar as 'n byvoeging tot enige woordeboekpakket of as 'n subskripsie-opsie op sy eie.
515,922
Vir meer inligting oor ons produkte en ’n lys van ons woordeboeke, besoek asseblief ons produktebladsy. Intekenare kan ons subskripsiebladsy gebruik.
515,923
Ons hulpbladsy verskaf antwoorde op vrae wat dikwels gevra word. Dit sluit inligting in oor die volgende onderwerpe:
515,924
St Michael & All Angels Kerk in Myddleton hou kerkbasaar. Ons skop af vroegoggend met 'n pretloop om 8uur. Registrasie beloop R5 vanaf 07:15 en elke elke deelnemer ontvang 'n medalje. Dis die enigste roete in die streek met 'n natuurlike waterpunt by die halfpunt. Bring net eie waterbotteltjie saam. Amptelike opening is dan om 10:00 met verskeie kosstalletjies en vermaak vir kinders. Alle verrigtinge vind plaas op kerkgronde.
515,925
Selfbeeld is die geestesbeeld wat 'n individu van hom- of haarself het op grond van fisiese eienskappe soos lengte, gewig, haarkleur ens., asook aangeleerde opinies oor die eie ek wat 'n individu óf uit persoonlike ervarings, óf deur die internalisering van ander se beoordeling gevorm het. 'n Eenvoudige definisie van 'n persoon se selfbeeld is hul antwoord op die vraag "Wat glo jy dink mense van jou?".
515,926
Hierdie drie maniere waarop selfbeeld gevorm word is soms 'n akkurate voorstelling van die persoon, en soms nie. Alles, 'n paar of een daarvan mag waar wees.
515,927
Verskeie faktore kan tot 'n negatiewe selfbeeld lei. 'n Prominente faktor is persoonlikheidstipe. Perfeksioniste, toppresteerders en diegene met 'n "tipe A" persoonlikheid blyk die mees vatbaar te wees vir negatiewe selfbeeld.[1] Dit is omdat sulke mense voortdurend die standaard vir sukses te hoog stel, ver bo 'n redelike, haalbare vlak. Hulle is voortdurend teleurgesteld en voel soos 'n mislukking.
515,928
Nog 'n faktor wat tot 'n negatiewe selfbeeld bydra is die skoonheidstandaarde van die samelewing waarin 'n persoon leef. In die Amerikaanse samelewing is dit byvoorbeeld 'n skoonheidsideaal om maer te wees. Meisies voel dikwels dat hulle nie aan die samelewing se "dun" standaarde voldoen nie, wat tot 'n negatiewe selfbeeld lei.[2]
515,929
Rondom die ouderdom van vyf jaar is daar drie kategorieë wat 'n kind se selfbeeld vorm: hul sosiale self, akademiese persona, en fisiese eienskappe. Daar is verskeie maniere om 'n kind se selfbeeld te bevorder, soos goeie kommunikasie, gerusstelling, ondersteuning van stokperdjies, en die vind van 'n goeie rolmodelle.[6]
515,930
Om ons te kontak, skakel ons by tel 012 346 2418 of stuur vir ons 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
515,931
Nadat een van die oorspronklike groeplede, Henk Dercksen, in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan, was die musiekpaar steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir ’n lewendige orkes te verruil, wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie, wat op daardie stadium vir die orkes baskitaar gespeel het, het egter so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid, dat daar besluit is om weer terug te keer na die groep se oorspronklike formaat.
515,932
Jeanette Pretorius het van kleins af ’n passie vir musiek. Sy het op twaalfjarige ouderdom reeds haar debuutalbum by Boet Pretorius van Decibel Musiek opgeneem, waarna vyf ander (waarvan twee kinderalbums en een ’n country-album is), gevolg het. Alhoewel sy van ’n wye verskeidenheid musiek hou, lys sy Martina Mcbride, Carrie Underwood en Patsy Cline as haar grootste musiekinvloede. Dié talentvolle gesinsvrou is nie net ’n goeie sanger nie, maar ook ’n kranige liedjieskrywer, jodelaar en aktrise, wat al verskeie gasverskynings op die kassie gemaak het. Verder het sy al op verskeie leefstylprogramme opgetree, waaronder Jukebox, DKNT, Noot vir Noot, Bravo, Kwêla en vele meer.
515,933
Hansie Roodt het in ’n musikale huis grootgeword. Sy pa was ’n meester kitaarspeler, saam met wie sy ma soms gesing het en sy broers is ook gesoute musikante. Sy loopbaan het egter eers in 2010 afgeskop, maar sedertdien was daar al baie hoogtepunte en kon hy al saam met baie bekendes musiek maak, waaronder Mel Botes. Hy geniet ’n breë spektrum musiekgenres, wat wissel van Jazz tot Heavy Metal, en het groot waardering vir John Petrucci en Mark Knopfler se werk. As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag ’n weermagvlieënier wou word.
515,934
Die AA moedig vanjaar motoriste aan om veiliger op die land se paaie te wees. “Elke dag bring nóg ’n storie van ’n gru-botsing iewers in die land wat tot talle sterftes en beserings lei. Die feestydverkeer sal binnekort toeneem en motoriste moet hulle gedrag op die pad verbeter, anders sal die getal padsterftes net styg,” het die AA in ’n verklaring gesê.
515,935
Die AA het gesê dit is belangrik dat motoriste die padreëls gehoorsaam, seker maak dat hulle voertuie goed onderhou is en versigtig ry waar hulle ook al gaan. Die volgende wenke sal help verseker dat motoriste dié feestyd veilig op die pad is:
515,936
Vir ekstra gemak op die pad, kan jy ook die AA-app aflaai, wat vir jou toegang gee tot ʼn reeks voordele en dienste. Besoek www.aa.co.za.
515,937
Waar in Suid-Afrika is die gebroke lyn in die middel van die pad geel? Oral waar ek was, is dit wit.
515,938
Smit en Altree se dissiplinêre verhore het in Oktober ’n aanvang geneem en word einde November voortgesit. Een van die klagtes, waaroor getuienis reeds gelei is, hou verband met ’n voorval wat in Junie 2013 op die OR Tambo Internasionale Lughawe plaasgevind het. In die voorval het die betrokke lugverkeerbeheerder byna ’n noodlottige vliegramp veroorsaak deur aan ’n Boeing 777-200 van ’n internasionale lugredery opdrag te gee om op te styg en ’n kleiner vliegtuig toestemming te gee om terselfdertyd op dieselfde aanloopbaan te land.
515,939
Om sake te vererger, is dit uit die klankopname van die gebeure duidelik dat die lugverkeerbeheerder, nadat hy die teenstrydige instruksies gegee het, bewus geword het dat sy instruksies tot ’n ongeluk sou lei, maar stilgebly het in plaas daarvan om noodmaatreëls te tref. ’n Moontlike ongeluk en lewensverlies is op die laaste nippertjie afgeweer deur die inisiatief van die vlieënier van die kleiner vliegtuig wat die landing met ’n riskante uitwykbeweging afgebreek het.
515,940
Viljoen sê ATNS voer aan dat die aanbeveling van remediërende opleiding vir ’n wit, vroulike lugverkeerbeheerder wat ʼn aansienlik minder ernstige fout begaan het, in plaas van dissiplinêre optrede ’n bewys van die Solidariteit-lede se rassisme is. “ATNS maak hierdie aantyging, hoewel dié voorval slegs as ’n klas B2-insident, vyf plekke laer op die lys van ernstigheid as die A2-insident, geklassifiseer is. Boonop het die betrokke lugverkeerbeheerder die fout onmiddellik volgens die standaardprosedure reggestel en dit nie aan die vlieëniers oorgelaat nie,” volgens Viljoen.
515,941
So ‘n oortreding KAN lewensgevaar inhou. Ek glo skok het ingetree, iewers, al is dit in ‘n neusgat. Ek glo nie “soorrie” sou hier gehelp het nie, en kan nie gesien word as kwytskelding nie. Die verantwoordelikheid wat saam met die pos gaan, kan nie oor die hoof gesien word nie.
515,942
Die tor het seker op daai stadium van die prop afgeval, verstaan tog as jy onbevoeg is vir die taak, moenie die rede/oorsaak op n ander plek gaan soek en die skuld oor te skuif na iemand anders, vat jou eie verantwoordelikheid!!
515,943
Daar is egter vandag vir die eerste keer bloedtoetse gedoen vir kanker. Dr verseker my dat dit bloot roetine is en dat dit hoogs onwaarskynlik is, anders sou die sonar maligniteite (malignancies) uitgewys het. Ek en die internis besig behoorlike of is dit onbehoorlike Afrikaans! Maar dit laat mens steeds wonder (oor die moontlikheid van kanker nie die kwaliteit van die Afrikaans nie).
515,944
Ek geniet altyd jou skrywes, Thermopylae het my diep laat dink en die een wat ek nou net gelees het, het vir trane in my oë gesorg. Dankie tog dat jy ‘n blogger geword het
515,945
Sjoe Abrie…jy het omtrent deur ‘n slegte ding gegaan. Ek is bly jy is vir ons gespaar. wat sou blogland sonder jou pittige stories en pragtige foto’s wees?
515,946
Ek is bly jy keef en ek is bly jy is ‘n blogger, maar die tit for tat deel van blogging … is ongelukkig ook waar. Hoe sou ons ander van hou weet as jy nie soms ons ou pogingkies ook lees nie? 😁
515,947
Soos gewoonlik, gee jy vir ons pitkos – dankie, Abrie, dis ‘n interessante en geldige onderskeid wat jy maak!
515,948
Definitief bly jy is nog met ons en dat jy ons ‘n kykie in jou lewe gee. Ek geniet jou kwikslae… krap (alweer) met tye kop oor jou intelligensie… en geniet dit om in jou stapskoene die natuur te verken 😊 Dis ok… jy hoef nie vir my tannie te sê nie!!!!
515,949
Jy is so n uitstaande interessante mens. Ek is bly jy het die skryfgogga ontdek. Skryf is n lekker ontvlugting en dan daarby die kommentare wat gelewer word is netso lekker.
515,950
Dit is moontlik dat die rook emfiseem van jou longe veroorsaak het. Ek stel voor dat jy jou naaste kliniek vir 'n konsultasie met 'n dokter besoek en vir 'n verwysing na 'n pulmonoloog (long spesialis) vra. Met jou simptome wat al so lank aankom, is dit BAIE belangrik om 'n long spesialis te konsulteer.
515,951
Dit is uiteindelik jou baba se eerste verjaarsdag! Maar skielik verskuif jou besorgdheid oor die versorging van ’n piepklein baba na die dissiplinering van ’n woelige kleuter. En hoe nou gemaak? Dit voel of jy nie opgewasse is vir hierdie nuwe bondeltjie se emosies nie. In die boek Koester jou kleuter verduidelik die baba- en kleuterkenner, Ann Richardson, hoe die stimulasie van ’n kleuter se sintuie sy emosies en gedragspatrone beïnvloed. Sy noem die kind se sensoriese wêreld die sleutel tot ’n gelukkige kind. Richardson beskryf in diepte hoe ’n kleuter se sensoriese stelsel in die brein werk en hoe hierdie insette ‘n kleuter se gedrag, dissipline, slaappatrone, eetgewoontes, toiletdissipline, algehele ontwikkeling en uiteindelik sy geluk beïnvloed. Hierdie boek bemagtig ’n ouer om ’n kleuter se tekens van sensoriese oorstimulasie te lees en betyds daarop te reageer. Richardson bied wenke aan oor hoe oorstimulasie in die eerste plek vermy of korrek bestuur kan word. Koester jou kleuter bied die antwoord op talle ouers se vrae oor hul kleuters se vreemde gedrag. Wat verder baie handig te pas kom is die hoofstukke wat handel oor die versorging en ontwikkeling van verskillende ouderdoms kategorieë (vanaf 1 tot 4 jaar). ’n Ouer vind hierin ’n handige hulpmiddel om te bepaal of sy kleuter die gemiddelde ontwikkelings mylpale (taal, motories, emosioneel, voeding, slaap, gedrag ens.) behaal. Koester jou kleuter kan opgesom word as ‘n handboek om kleuter breintjies beter te begryp, sodat jy as ouer nie op moedverloor se vlakte beland nie. En wie weet, jy verstaan jou eie gedrag dalk ook beter na die lees van hierdie alles-omvattende-kleuterwêreld boek.
515,952
_______________, jy is ’n emosionele lewegewer, maar dis soveel beter om ’n geestelike lewegewer te wees. Jou Vader het jou ontwerp om lewe te ontvang en om geestelik lewe te gee. Jou Vader sal vir jou ontmoetings reël met mense wat jou gees in jou sal laat opspring van vreugde. Ek seën jou om nie altyd in die teenwoordigheid van mense te wees wat jou gees dreineer nie. Mag God jou gereeld seën met mense wat jou gees bedien, mense wat soveel salwing op hulle het, dat jou gees daarop sal reageer. Ek seën jou met goddelike afsprake waar God jou kosbare minute of ure sal gee saam met groot manne en vroue van God. Dit is in hierdie tye wanneer jy in die teenwoordigheid van diepgelowige en Geesgevulde mense is, dat jy vreugde, groei, verryking en salwing in jou gees sal ervaar. Ek seën jou met Goddelike ontmoetings met manne en vroue wat rein is, wat heilige hande ophef en wie se lewens nie net gedissiplineerd is nie, maar ook oorheers word deur die teenwoordigheid van God.
515,953
_______________, jou Vader se plan is dat jy goddelike gesag sal hê. Ek seën jou om geestelike seën te ontvang uit die gees van mense wat in gesag wandel al word hulle nie deur die wêreld erken as mense met organisatoriese of institusionele gesag nie. Hulle weet wie hulle is en hulle het ’n ferm greep op hulle identiteit. Hulle het ’n diepgewortelde gevoel van waarde, en daarom wandel hulle in goddelike gesag, onderwerp die demoniese magte en bring die teenwoordigheid van God in situasies in. Hulle lig op wat geknak is; genees die gebrokenes en skep ruimte vir die glorie van God om te vloei. Ek seën jou om saam met mense te wees wat deur hulle voorbeeld vir jou kan leer wat gesag is. Mag jou gees opspring van vreugde en die seën erken wat kom deur skouer aan skouer te loop saam met sterk manne en vroue van God wat ons Koning dien en wat deur ons Koning geseën is met sy triomferende gesag.
515,954
Jou Vader se plan is dat jy moet wandel saam met mense wat die guns van God ken. Ek seën jou om sy aan sy met mense te leef wat God se guns ken en ervaar, en wat van dag tot dag ondervind hoe God deure vir hulle oopmaak. Hulle verstaan hoe God struikelblokke uit die weg ruim en hoe God elke oomblik van elke dag beplan en vir hulle voorberei sodat hulle kan wandel in onwankelbare vrede van gees omdat hulle weet wie hulle is en weet dat die guns van God op hulle rus. Ek seën jou om lewe en krag uit hulle gees te put terwyl jy die vreugde deel van mense wat ’n gebaande weg voor hulle het. Ek seën jou dat God jou dikwels in aanraking sal bring met mense wat in die guns van God wandel.
515,955
Jou Vader beplan dat jy aansteeklik met sy vreugde sal wees. Ek seën jou om ander aan te steek met die vreugde van die Here. Ek seën jou om soveel van sy vreugde te hê dat dit almal sal raak met wie jy assosieer en dat jy oral waar jy gaan ’n spoor van vreugde agter jou sal laat.
515,956
Biggs het ook vingeralleen die ondersteunersorganisasie ‘Sexability’ gestig, wat mense met soortgelyke gestremdhede help om seksuele plesier te kan ondervind op alternatiewe wyses. Kyk, alle grappies op ‘n stokkie, dis pretty fokken cool.
515,957
‘n Nuwe opwindende skrywer wat dopgehou moet word. Ek glo dat daar nog baie stories vir kinders uit haar pen sal verskyn. – Elsabé de Beer (Skrywer, oud-onderwyser, 2018)
515,958
Die literatuur wat tussen die jare 1875 en 1900 in Suid-Afrika ontstaan het, is tematologies beperk deur die noue verbondenheid met die vaderland in die algemeen en die Afrikaner in die besonder. Die meeste geskrifte handel oor Suid-Afrika, die Afrikaanse taal, die godsdiens, die familielewe, die lewe van die gewone burger of die boer en die Afrikaanse folklore, soos dit in verhale en anekdotes oor die trek, jag, spokery, e.d.m. tot uiting kom. Die doelstelling van die skrywers was om die mense op te wek tot die stryd vir hulle regte, om hulle te stig, te leer of te vermaak. Dit was dus by uitstek 'n literatuur wat baie spesifiek rekening gehou het met die publiek vir wie hy bedoel was. Vandaar ook dat die skrywers verstaanbaar wou wees en dat die geskrifte - selfs die pleidooie en die polemiese prosa - in die volksidioom geskryf is en bedoel was om die breë lae van die volk te bereik.
515,959
Die didaktiese, pedagogiese en geestige aard van die literatuur in die laaste kwart van die negentiende eeu hang ten nouste saam met die feit dat dit ontstaan het in diens van 'n bepaalde saak, nl. die stryd om die Afrikaner en die stryd om die erkenning van Afrikaans. In die ruimere sin beteken dit dat die skrywers deur middel van hulle verse en prosastukke die lesers wou inlig, opvoed of vermaak en daardeur die publiek op 'n hoër kulturele niveau wou plaas. In die engere sin bring dit mee dat die polemiese prosa, die betoë, die samesprake en die strydgedigte geestelike wapens in diens van die Afrikanersaak (taalstryd en Vryheidsoorlog) was, dat dit meestal bly vassteek in die aktualiteit of die bepaalde geleentheid waaroor dit gaan en dat dit wesentlik 'n buite-literêre doelstelling het. Heel dikwels is die verse - wat beeldspraak en klank betref - oratories van aard en wil dit die leser opwek of opbeur, iets wat tot geforseerdhede lei en 'n sekere programmatiese karakter tot gevolg het. Die spot- en satiriese verse, soos ook die didakties-moraliserende of histories-avontuurlike prosa, is oor die algemeen geslaagder, omdat die ideologie, die ‘vaste’ waarhede en die program hier 'n bietjie weggesteek word en
515,960
'n Literatuur wat in so 'n groot mate strydgebonde was, is vanselfsprekend nie aan 'n streng kritiese toets onderwerp nie. Die kritiek wat wel uitgeoefen is, was dan ook hoofsaaklik deur tydskrifredakteurs soos Hoogenhout, S.J. du Toit en J.D. Cilliers, wat beoordelend en aanmoedigend opgetree en wat die nasionale en godsdienstige naas meganiese vlotheid en tegniese vaardigheid aan die kunstenaar voorgehou het, soos blyk uit die voorligting in die Eerste beginsels van die Afrikaanse
515,961
Die letterkunde in die laaste kwart van die negentiende eeu hang ten nouste saam met die Beweging, al is daar ook heelwat Hollandse geskrifte, o.m. ook deur die Genootskappers self. In die sewentigerjare, vóór die totstandkoming van die G.R.A., is daar sporadiese gedigte van Reitz en Melt Brink wat in 'n volkse idioom geskryf is. Daarna volg heelwat geskrifte - geleentheidspoësie en didaktiese prosa van Hoogenhout en S.J. du Toit - wat die stryd vir die erkenning van Afrikaans en die Eerste Vryheidsoorlog weerspieël en in diens hiervan staan. In die jare 1882 tot 1895 word die literêre toneel oorheers deur swak moraliserende geskrifte en heelwat werk deur Du Toit aan die Bybelvertaling, al verskyn die meeste van Lion Cachet se belangrike Sewe duiwels in hierdie periode. Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog kom daar 'n ‘tweede asem’ in die Beweging as die nuwe tydskrif Ons Klyntji van die belangrikste werk van S.J. du Toit, Lion Cachet en Von Wielligh publiseer, die eerste dramas in Afrikaans verskyn en as die natuur en die fyngevoelige mens - alhoewel nog aarselend en literêr onoortuigend - in die werk van M.H. Neser op die voorgrond tree. In hierdie tyd kry ons ook enkele van die heftigste verse oor die vryheidstryd - dié keer ingegee deur die Anglo-Boereoorlog - al word dié gedigte spoedig kwalitatief en kwantitatief deur die werk van skrywers van die Tweede Beweging oortref.
515,962
one can contend’. Saam met G. McCall Theal skryf hy 'n Korte geschiedenis van Zuid-Afrika van 1446 tot 1835 (1890). In 1902 publiseer hy 'n biografie oor President Steyn en later, in samewerking met J.H. Hofmeyr, 'n uitvoerige werk oor Onze Jan (1913), terwyl sy uitvoerige outobiografie in 1978 met 'n inleiding deur C.J.S.C. Burger verskyn. Vir die Afrikaanse letterkunde is hy van belang as eerste bloemleser, wat die Vyftig uitgesogte Afrikaanse gedigte (1888), later vermeerder tot Sestig (1897) en tot Twee en sestig (1909) saamstel.
515,963
Die tweede fase van Reitz se digterskap is geïnspireer deur die Anglo-Boereoorlog en later gebundel in Oorlogs- en andere gedichten (1910). Ook hier vind ons die aanwending van die Nederlandse taalvorm, soos in die droewige ‘Vaarwel aan de Vierkleur’. Die Afrikaanse gedigte maak egter 'n natuurliker indruk, soos ‘Die proclamatie of papieren bom’, ‘Die handsupper’ en veral ‘Die neem van die kanon Lady Roberts’, 'n hekelende krygsvers met 'n bietjie meer verbeelding as sy ander oorwinningsliedere.
515,964
Met enkele uitsonderings is Reitz se hele digterlike oeuvre simptomaties van die laat-negentiende-eeuse tradisionele verskuns in Suid-Afrika, nl. 'n gerym vir die aardigheid. Kultuurhistories is dit egter van belang deurdat ons daarin die neerslag kry van belangrike gebeurtenisse uit die tyd en deurdat hy met verskillende media eksperimenteer in 'n stadium toe die Afrikaner nog op soek was na 'n vaste skryftaal. Met enkele verse, soos ‘Klaas Gezwint zijn paert’, ‘Die steveltjies van Sannie’ en ‘Die neem van die kanon Lady Roberts’ lewer hy 'n wesentlike bydrae.
515,965
casparus petrus hoogenhout (1843-1922), 'n Nederlander van geboorte wat in 1860 na Suid-Afrika kom en in 1869 onderwyser word, skryf briewe en dialoë in De Zuid-Afrikaan waarin hy 'n Afrikaanse Bybelvertaling sowel vir die blanke as gekleurde bevolking van die land bepleit. Uit die Statebybel vertaal hy Mattheus 28 (1873) en die volledige Markus-evangelie (1878) en skryf, nog voor die totstandkoming van die G.R.A., Die geskiedenis van Josef (1873), wat gerig is op die begripsvermoë van die kind met aanpassing van die idioom aan die Afrikaanse werklikheid. Sy Eerste Afrikaanse printjies boeki ver soet kinders (1879) is eweneens didakties ingestel met verduidelikende verhaaltjies en nuttige lessies by elke ‘printjie’. Catharina, die dogter van die advokaat (1879) word bekroon met Die Patriot se eerste prysvraag vir novelles. Die verhaal is romanties gekleurd en die verteller, wat aan die kant van die Ware Afrikaners staan, word die pleitbesorger van 'n bepaalde saak en probeer die lesers na sy kant oorhaal. Hierdie partydigheid lei tot didaktiese uitweidings wat telkens 'n breuk in die struktuur van die verhaal bring en tot 'n tipe mensbeelding wat ter wille van die Afrikaanse saak verval in blote verpersoonlikings van die Ware Afrikaners of die Afrikaners met Engelse harte.
515,966
As redakteur van Die Patriot se poësierubriek sorg hy vir die popularisering van die verskuns. Onder die skuilnaam ‘Oom Jan wat versies maak’ beoefen hy self 'n groot verskeidenheid digsoorte: patriotiese verse, gedigte oor die Afrikaanse taal, godsdienstige en liefdesverse, romantiese ballades en hekeldigte. 'n Groot deel van sy poëtiese oeuvre is geïnspireer deur die gebeure in die twee republieke, meer spesifiek die Eerste Vryheidsoorlog waarvan hy die belangrikste oorwinnings, soos Bronkhorstspruit, Langenek, Schuinshoogte en Magubaberg, besing. Later skryf hy ook oor die Jameson-inval en Paul Kruger. Van hierdie gedigte is daar egter weinig wat vandag nog onthou word. Om kultuurhistoriese redes is ‘Die Afrikaanse volkslied’, wat hy saam met Pannevis, D.F. du Toit en S.J. du Toit opgestel het, nog bekend. Dit neem die vorm aan van 'n programgedig deurdat elke strofe oor 'n bepaalde onderwerp handel en op dié wyse die ideale van die G.R.A. berym. Die gedig is 'n voorbeeld van 'n volkslied; vandaar die sterk sangerige inslag met die keervers waarin die woord ‘Suid-Afrika’ telkens voorkom en die volksgebed in die slotstrofe waarmee die gedig eindig. In ‘Ons toekomstige volkslied’ stel hy die
515,967
ideaal van 'n verenigde Suid-Afrika, weer met 'n sangerige inslag, maar met 'n stadiger versbeweging deur die langer versreël. Dit neem ook die vorm aan van 'n programgedig, al is die ontwerp 'n bietjie weggesteek. Die meganiese afklop van die versreël word ná 'n tydjie eentonig deurdat die sesuur telkens op dieselfde plek kom, terwyl die vierde strofe - waarin die digter na Europa verwys - buite die beelding van die res van die gedig val. Ook sy gedig ‘Vooruitgang’, wat oor die verengelsingsbeleid handel, het 'n growwe opbou met verskeie retoriese wendinge, selfs al is die hekeling plek-plek oortuigend en al bereik hy iets geestigs met sy volkse beeldspraak. Van sy geslaagdste spotdigte is ‘Di mislukte Jameson komplot’ en ‘De dappere Moneypenny’.
515,968
Hoogenhout se literêre produksie is wesentlik didakties en nasionalisties, sonder dat hy 'n enkele stuk geskryf het wat die toets van die tyd kon deurstaan. As populariseerder van die verskuns en as ‘kultuurbearbeider’ doen hy egter belangrike aanvoorwerk vir Afrikaans as taal.
515,969
stephanus jacobus du toit (1847-1911) ontvang sy skoolopleiding in die Paarl - a.o. van Pannevis - en studeer daarna aan die Stellenbosse kweekskool in die teologie. Hy word agtereenvolgens predikant in Noorder-Paarl, Superintendentgeneraal van Onderwys in Transvaal en wy hom daarna voltyds aan die Bybelvertaling terwyl hy ook Die Patriot, Ons Klyntji, De Getuige, Stemmen des Tijds en Ons Taal redigeer. In die vroeë sewentigerjare publiseer hy enkele Nederlandse hekelverse in De Zuid-Afrikaan, maar hy is veral bekend as skrywer van betogende en polemiese prosa, soos blyk uit sy Nederlandse briewe oor ‘De Afrikaansche taal’, wat in 1874 in dieselfde koerant verskyn. Hy is medeskrywer van die G.R.A. se Manifes en ander pleitstukke, mede-oprigter van Die Patriot, belangrikste skrywer aan Die geskiedenis van ons land (1877) en opsteller van die Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging (1880). Uit hierdie aktiwiteit is dit duidelik dat Du Toit in die G.R.A. nie slegs 'n suiwer taalbeweging gesien het wat o.m. die Afrikaanse Bybelvertaling op hom moes neem nie, maar as 'n organisasie wat die nasionale bewussyn verder
515,970
In 1894 besoek Du Toit Matebeleland, waar hy die gedig ‘Nag en dageraad in Matabeleland’ skryf, opgeneem in sy in Nederlands geskrewe Sambesia, of Salomo's goudmijnen bezocht in 1894 (1895). Hierdie reis lewer ook die stof vir sy historiese roman Di koningin fan Skeba, of Salomo syn oue goudfelde in Sambesia (1898). Die roman handel oor vyf persone, met inbegrip van die skrywer, wat 'n reis onderneem na die Simbabwe-ruïnes en die berg Afoer waar hulle ou papirus- en perkamentrolle ontdek wat dan deur die skrywer vertaal en elke aand aan die ander vier voorgelees word. Du Toit skep op voortreflike wyse 'n realistiese situasie, o.m. deur die leser direk aan te spreek en deur die roman outobiografies aan te bied. Die gerigtheid op die leser skep ook die moontlikheid vir die verteller om opvoedkundig op te tree, hoofsaaklik om die leser in te lig aangaande die Egiptiese geskiedenis en inboorlinggewoontes. Hy bring dus sy lesers op hoogte met die geskiedenis en die volkekunde, maar terselfdertyd vermy hy op 'n behendige wyse dat die didaktiek 'n breuk in die werk veroorsaak deurdat die informasie - gedeeltelik, ten minste - esteties geregverdig word deur die tegniek van die raamvertelling.
515,971
Tydens die taalkongres wat in 1897 gehou is, word Du Toit se Magrita Prinslo, of Liifde getrou tot in di dood opgevoer. Dit bestaan uit vyf bedrywe, maar daar is so min samehang en innerlike noodwendigheid dat ons eerder kan praat van 'n verhaal wat in dertien tonele aangebied word. Dit is die geskiedenis van Magrita en Pieter wat van mekaar geskei word as gevolg van die Groot Trek: sy gaan saam met Retief en sy mense, terwyl hy in die Kolonie agterbly. Op die trek versprei Koos, wat die skurk van die verhaal is en 'n ogie op Magrita het, die gerug dat Pieter deur die Kaffers vermoor is, maar sy bly getrou ‘tot in di dood’ en wys vir Koos af. Die laaste
515,972
van die dertien toneeltjies wys waar die Zoeloes die laer aanval en Pieter net betyds op 'n perd opdaag om sy gewonde beminde te. red. Die gang van die drama word dus bepaal deur heelwat afwisseling: naas die romantiese verhaal werk die stuk ook met historiese boustof, terwyl die Hottentot Danster en die Kaffer Zwartland vir die lokale kleur en die geestigheid sorg. In hoofsaak het ons hier egter die tipiese romantiese resep van die held, heldin en skurk wat die patroon van die Afrikaanse drama en prosa tot ongeveer 1920 sal wees.
515,973
In dieselfde jaar verskyn ook Du Toit se beste gedig en een van die poëtiese hoogtepunte voor 1900, t.w. ‘Hoe die Hollanders die Kaap ingeneem het’. Dit is die eerste voorbeeld van 'n dramatiese monoloog in Afrikaans. Aan die woord is Danster, 'n ou Griekwa, wat vir ons 'n siening van die eerste blankes se aankoms aan die Kaap gee. Hierdie siening verskil egter van die algemeen-aanvaarde beeld wat ons uit die geskiedenis kry, omdat die gedig die standpunt van 'n primitiewe mens op die gebeure gee, soos ook blyk uit die animistiese beeldspraak. Dié verdraaide siening word vir die hoorders aanvaarbaar deurdat ou Danster telkens die waarheid van sy verhaal beklemtoon deur middel van frases soos ‘glo vir my’ en ‘so waar as waar die waarheid is’. Daardeur verneem die hoorders nie alleen ou Danster se siening van die gebeure nie, maar kry hulle ook 'n insig in die karakter van die spreker.
515,974
In Ons Klyntji van 1900 tot 1902 verskyn van Du Toit ook nog die novelle Liifde in oorlog, waarin hy sy politieke idees verkondig. Die tendens word hier egter die hoofstroom van die verhaal, terwyl die geheel 'n selfverdediging word waardeur karakterisering en vertelling deur onnodige uitweidings verwaarloos word.
515,975
skep - reeds deur die feit dat sy self aan die woord is - 'n sekere naïewe sfeer. Die beeld van die ‘koning’ in die vyfde strofe val buite die toon van die gedig omdat dit nie tot die Afrikaanse volkseie behoort nie, terwyl die slotstrofe in 'n blote stuk verklaring en didaktiek ontaard.
515,976
As historikus skryf Lion Cachet 'n Geskiedenis van di Hugenote van di jaar 1521 tot 1698 (1886), en by geleentheid van die vyftigjarige jubileum van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in 1909 stel hy 'n Gedenkboek op. In die tipies humorrealistiese styl van Beets met die vermenging van geestigheid en weemoed is sy reisverhaal oor Een bezoek bij de Afrikaansche emigranten te St. Januario Humpata (1882; opgeneem in D. Postma jr. se Eenige schetsen voor eene geschiedenis van de trekboeren te St. Januario Humpata, 1897). Lion Cachet se humorrealisme bereik egter 'n hoogtepunt met die bundel Sewe duiwels en wat hulle gedoen het (1907). Vyf van hierdie novelles, t.w. Di geldduiwel (1882), Di drankduiwel (1882), Di liegduiwel (1883), Di praatduiwel (1884) en Di spogduiwel (1892), verskyn in Die Patriot, terwyl Di Afgunsduiwel (1897) en Di baasduiwel (oor huigelary; 1898) in Ons Klyntji opgeneem word. Soos die titels aandui, is die geheel verdeel in sewe novelles waarvan elk 'n bepaalde hoofsonde behandel. Telkens kom 'n kardinale gebrek by die hoofpersoon ter sprake en die karakter beland in verskillende situasies om die betrokke gebrek of ‘sonde’ te openbaar wat dikwels aan die einde tot sy ondergang lei. Aan die een kant het 'n mens dus hier te make met 'n soort realistiese prosa, aan die ander kant is Lion Cachet, alreeds deur sy keuse van situasies om die gebreke te illustreer, nie meer heeltemal getrou aan die werklikheidsillusie nie. Daardeur verval hy in 'n eensydigheid en konsentreer hy slegs op een hoofkarakter. Sy doel is om die leser deur die voorbeeld af te skrik, iets waardeur hy die realistiese illusie opoffer en waardeur sy karakters in nie veel meer as blote tipes ontaard nie. 'n Verdere beswaar is dat elke novelle te breed aangevoer word, met die gevolg dat die veelheid van die besonderhede die eenheid van die geheel skend. Ten spyte hiervan is die Sewe duiwels egter beter as die ander didaktiese prosa voor 1900 omdat dit primêr 'n verhaal aanbied, nie 'n ‘saak’ verdedig nie. Deur die toestande en situasies wat hy beskrywe, lê Lion Cachet buitendien 'n beeld van 'n stuk verbygegane Afrikaanse werklikheid vas.
515,977
gideon retief von wielligh (1859-1932) het reeds as kind saam met sy vader in Boesmanland gereis. Ná sy skoolopleiding aan die Paarlse Gimnasium lê hy die landmeterseksamen af en word hy in 1894 aangestel as landmeter-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 'n beroep wat hom in staat stel om groot dele van die land te besoek en te deurreis. Op betreklik vroeë leeftyd word hy lid van die G.R.A. en werk hy mee aan Die Patriot. Later skryf hy ook in Ons Klyntji en Ons Taal. Op gevorderde leeftyd dokumenteer hy sy herinneringe aan die G.R.A.-manne en die stryd vir Afrikaans in Eerste skrywers (1918) en Baanbrekerswerk (1925). As outeur van folkloristiese en sosiologiese verhale word hy egter veral onthou as die skepper van Jakob Platjie, gedeeltelik gepubliseer in Ons Klyntji (1896-1906), daarna in gewysigde uitgawe in Die Brandwag (1912-1914) en in 1918 in boekvorm onder die titel Jakob Platjie: Egte karaktersketse uit die volkslewe van Hotnots, Korannas en Boesmans. Die
515,978
Ander gedigte uit Die Patriot en Ons Klyntji is vertellings en anekdotes, gedigte oor die taal, oor Die Patriot self, oor die geskiedenis, oor die politiek, anglisering, godsdiens, liefde, vry en huislike aangeleenthede. Die prosa uit Ons Klyntji is meestal liefdesverhale, avontuurverhale, sketse en anekdotes, jag-, diere- en spookstories, oorlogsverhale, Afrikaanse familielegendes en volkekundige verhale. In die negentigerjare verskyn ook Di bedriegers (1893), die eerste eenbedryf in Afrikaans deur david petrus du toit (1870-1936) en 'n drama onder die titel Di famili De Plooi deur mimosa. Uit die laaste jare van die negentiende eeu (l891) dateer die bekende Suid Afrikaanse kook-, koek- en resepteboek van elizabeth jane dijkman (1804-1908). Van die verhale uit Ons Klyntij is die anonieme stukke ‘Olifantjag’ en ‘'n Geheimsinnige ontmoeting fan 'n ou Foortrekker’ die beste. Onder die gedigte wat 'n mens opval, is die ‘Engelse volkslied’, 'n parodie op ‘Rule Britannia’, die anonieme gedig ‘Di sprinkaan en di droogte’, wat deur F.W. Reitz aangeprys is, en die ‘Liid fan di diamant’, waarin die skoonheid en skittering van die edelsteen beskryf word. In Ons Klyntji van 1898 verskyn die geslaagdste Afrikaanse ballade voor 1900 onder die titel ‘Op Hartebeesfontein’ deur 'n skrywer wat homself pikkedel noem. Dit is 'n realistiese beskrywing van 'n boerebruilof wat uiteindelik op 'n geveg en die vertrek van die spreker aan die einde uitloop. Die geestigheid van die situasie word versterk deur die besondere aanwending van woorde en uitdrukkings in volksverband, en
515,979
hoewel daar enkele voorbeelde van anglisistiese taalgebruik voorkom, is dit 'n gedig wat in sy eie reg kan staan. Tereg het D.J. Opperman Pikkedel ‘ons verlore Bredero’ genoem wat met sy gedig ‘vir ons 'n Afrikaanse ‘Boeren geselschap’ gegee het’.
515,980
'n Besondere plek onder die geestige poësie voor 1900 word ingeneem deur die anonieme volkspoësie, dikwels met die irrasionele en onlogiese wat so kenmerkend van hierdie tipe vers is en met 'n meerduidigheid in die woordgebruik wat as waardige voorlopers van die verwikkelde twintigste-eeuse poësie beskou kan word. Soms handel dié gedigte oor liefde en vry, soos die jong man met sy bruin perd - die Afrikaanse ekwivalent van die Middeleeuse ridder - wat by die nooi gaan besoek aflê (‘Die bruin perd’). Soms vorm die dansmaat die patroon van die vryersverse voor 1900 (soos in ‘Myn bruine oge’) en soms vind die emosies van die teleurgestelde vryer sy neerslag in die ritme en klank van die vers (soos in ‘Hier sit ek onder die hoogte’). 'n Ander patroon in die volkse verse is dié gedigte van vier reëls waarin die tweede reël telkens met 'n ‘o’ begin en daarna 'n herhaling van die eerste reël is, terwyl daar skynbaar geen logiese verband tussen reëls 3 en 4 bestaan nie (soos in ‘Die wit sakdoek se punt’ en ‘Die kelkie sonder voet’). By hierdie irrasionele sluit ook c.w. joubert se reeks ‘Nuttige reseppe’ aan wat met hul skynbare verbandloosheid en ‘onmoontlike’ afmetings van hoeveelhede 'n verwantskap toon met die latere surrealisme en absurdisme.
515,981
Dit is egter veral melt jacobus brink (1842-1925) wat in sy werk van so 'n ‘tussentaalvorm’ gebruik maak. Brink se eerste aktiwiteit as skrywer is as lid, later amptelike faktor, van die Kaapse Rederykerskamer ‘Aurora’ vir wie hy in die jare 1868-1877 veertien toneelstukke skryf wat hoofsaaklik oor die nasionale strewe van die Afrikaners handel en waarin hy 'n neerslag gee van die maatskaplike lewe aan
515,982
oorgangsvorm beoefen. Op dié wyse het hy die lesers aan 'n medium gewoond gemaak wat nie meer Nederlands was nie, sonder om tot die fonetiese eksesse van Du Toit oor te gaan. Onbewustelik het hy dus die skriftelike oorgang van Nederlands na Afrikaans vergemaklik. Deur sy gewilde toneelstukke het hy verder die Hollands-Afrikaanse toneeltradisie aan die gang gehou in 'n tyd toe daar weinig op dié gebied geproduseer is. Kultuurhistories is sy werk 'n belangrike dokument van die toneelsmaak, die maatskaplike toestande en die omgangslewe aan die Kaap in die laat-negentiende eeu.
515,983
Oor F.W. Reitz jr. verskyn daar biografiese stukke deur F. Rompel (Hg., 13.4.34) en E.J. Weber (Hg., 6.7 en 13.7.34). Anna de Villiers skryf oor die outeurskap van Een eeuw van onrecht (Hg., 6.7.34). Oor sy werk skryf P.J. Nienaber in Ons eerste digters (Kaapstad, 1941), Vo. (28.5.75) en Eerste sooie, terwyl C.J. S.C. Burger sy digterskap en verband met die G.R.A. nagaan (T.G., XV:2, Junie 1975) en vir 'n uitgawe van die F.W. Reitz - outobiografie en 'n faksimilee-herdruk van die Twee en sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte (Kaapstad, 1978) sorg. Burger se doktorale proefskrif handel oor F.W. Reitz se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde (U.O.V.S., 1976).
515,984
Johannes 1:43-51 Die volgende dag het Jesus besluit om na Galilea toe te gaan. Hy kry toe vir Filippus en sê vir hom: “Volg My!”Filippus was van Betsaida afkomstig, van dieselfde dorp as Andreas en Petrus.Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.”Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord.Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is ‘n ware Israeliet, ‘n man in wie daar geen bedrog is nie.”Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.”Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.”Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”
515,985
Nee regtig, hoe kan jou goose jou ersntig opneem as jy wil op en af tot die honde blaf met so ‘n monstrosity?
515,986
- Jesus het vir my gesterf vir sondes waarin ek Hom baie slegter behandel het as wat die ander persoon my behandel
515,987
- Ef 4:31-5:2 is ‘n opdrag wat direk in die daarop volgende verse na God verwys wat op sy eie onkoste sy eie toorn (en ons woede) oorwin het deur Christus se dood. Hy het die skuld betaal vir ons skuld.
515,988
5. Om vergifnes te soek en te gee beteken nie dat ons verantwoordelik is vir die herstel van die verhouding nie.
515,989
4. Stem jy saam met die stelling: ‘n Gebrek aan vergewing is eintlik ‘n gebrek aan bekering tot God (Mat 11:25)?
515,990
7. Spreuke 17:9 – as jy iemand vergifnes skenk dan mag jy nie meer oor die saak by ander praat nie, stem jy saam?
515,991
15. Jou vriendin vertel jou van ‘n sonde wat haar man gedoen het. Jy voel kwaad vir hom en vermy hom as gevolg van wat jy gehoor het. Is dit reg?
515,992
20.11.08 22:30: Stronger » ramzes327, Ааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа РомкаАааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа
515,993
As ʼn rugbyreël ʼn potensiële mynveld vir een van die wêreld se mees ervare skeidsregters is, hoe moet ʼn mens dan verwag dat die spelers dit moet nakom? Paul Honiss (53), die Nieu-Seelandse skeidsregter wat in 2008 uitgetree het en nou aan die hoof staan van die opleiding van Nieu-Seeland se vroue-skeidsregters, skud sy kop […]
515,994
Nigel Owens wys die geelkaart aan die baljoggie (Foto stuff.co.nz).png Die Walliese skeidsregter Nigel Owens het Saterdag in Dublin nog ʼn paar regmerkies vir sy humorsin gekry en gewys waarom hy straks die wêreld se voorste skeidsregter is toe hy ʼn geelkaart aan ʼn baljoggie uitgedeel het. Owens was in beheer van die kragmeting tussen […]
515,995
Die Here het vir ons wonderlike voorbeelde gegee van leiers en van doodgewone mense wat die les van Galasiërs 6 geleer het. Weet jy van sulke mense? As jy hulle persoonlik ken, sê vir hulle dankie!
515,996
Die bestandele se hoeveelhede wat u bevoeg kan aangepas word na smaak en wat u in u huis het. Dit is ‘n lekker “rek resep” vir die tye in die maand wat alles min is in die huis.
515,997
ONS ken hom as die asynvliegie. Daar waar vrugte van die bome afgeval het en vrotsig lê en suur word, hou hy en sy medevliegies alte gesellig makietie. Dis ’n wemelende gespuis wat as ’t ware die soet in die suur van die lewe ontdek het!
515,998
En nie hy alleen nie. Trouens, die insektewêreld in sy geheel word deesdae indringend bestudeer met die uitsluitlike doel om nuwe antibiotika vir die mens te vind. Dis omdat die huidige antibiotiese medisynes, onder meer weens oorgebruik, vinnig besig is om hul doeltreffendheid te verloor.
515,999
Wat die wetenskaplikes doen, is om vas te stel teen presies watter soort bakterieë ’n spesifieke insek bestand is. Dan isoleer hulle die sogenaamde peptide in die insek wat teen daardie bepaalde kieme weerstand bied. Daarna kan die molekulêre struktuur van die petide bepaal word sodat dit sinteties berei kan word.