id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
516,000
Hy was daardie dag moontlik nie so versigtig soos gewoonlik nie. Omtrent twee dosyn bye het die imker (byeboer) gesteek aan die arm wat hom juis die meeste gehinder het. Wonder bo wonder was dit die einde van die pynlike gewrigsontsteking.
516,001
Waar die uitdrukking vandaan kom, is ’n ope vraag. Een ding is nietemin seker: meer bedrewe as die aasvlieg kry jy nie maklik as dit by die vertering van vrot vleis kom nie.
516,002
En in Rusland is daar tot ’n vleisvliegsoort waarvan die maaiers in die wonde van huisdiere of selfs in die neusholtes van mense ontwikkel. Jiggie.
516,003
Hoe ook al, net toe ons besluit het niks is beter as ’n morsdooie aasvlieg nie, het die vieslike vent reeds sekere Europese hospitale verower. En, wil jy glo, nie die dodehuise by die hospitale nie, maar die sale waar hy as ’n goeie vriend van die dokters en pasiënte beskou is.
516,004
Gelukkig is die groen aasvlieg se larwe ’n regte fynproewer. Van gesonde, goed deur bloed gevoede weefsel wil hy niks weet nie. Maar skadelike baktererië, wat al hoe meer bestand teen antibiotika raak, is sy gunsteling-kos. Boonop skei hy ook ’n ensiem (soort organiese stof) af wat help dat wonde gouer gesond word.
516,005
Nadat die mens geleer het om ru wol tot kledingstof te weef, het hy ’n veelsydige materiaal gehad wat hom snags verwarm en bedags koel gehou het. Uit hierdie primitiewe begin het ’n bedryf gegroei wat vandag vir verskeie lande, veral in die Suidelike Halfrond, van besonder groot belang is.
516,006
Verskillende skaaprasse lewer verskillende soorte wol. Suid-Afrika produseer fyn- tot mediumgraad. Die vesels van die Merinoskaap—wat vir die meeste van ons wol sorg—is uiters fyn en dig bymekaar, wat dit geskik maak vir luuksieuse en beskermende klere.
516,007
Australië produseer ook fyn wol, maar dit is in die reël minder fyn ofskoon sterker as Suid-Afrikaanse wol.
516,008
Die Merinoskaap is oorspronklik in Spanje geteel en het gou bekend geraak vanweë die witheid, fynheid en sterkte van sy wol.
516,009
Skielik het die prins sy skape teruggeëis. Hulle is teruggestuur—sonder hul nako­melinge. En só het Suid-Afrika se baie belangrike Merinobedryf begin. Die skaap is sedert­dien met verskeie ander rasse gekruis.
516,010
Die Karakoel, nog ’n belangrike ras, kom aanvanklik uit Asië. Sy wol is kort, grof en bruinerig grys en word vir tapyte met ’n growwe, natuurlike voorkoms gebruik.
516,011
BO: Arapawa-skape tel onder die skaars skaaprasse, en hierdie ram met die yslike horings lyk kwalik na die Merino waarvan hy bes moontlik oorspronklik afstam. (Kyk foto van Merino by Mieliestronk se ander artikel oor skape.) Maar daar word gereken dat die Arapawas nakomelinge is van Merino-skape wat in die 1860’s op die Nieu-Seelandse eiland Arapawa agtergelaat is, waar hulle toe wild geword het. Hulle is nou weer mak gemaak en word hoofsaaklik vir hul wol geteel.
516,012
’n Goeie skeerder verwyder die vag in een stuk met lang, gladde hale en sonder om die dier seer te maak. Die meeste boere stuur hul geskeerde skaaptrop deur ’n dip (’n lang, smal gleuf gevul met ’n ontsmettingsmid­del) voordat hulle hulle weer veld toe jaag.
516,013
Die vag, wat só geskeer is dat dit aanmekaarbly, word soos ’n kombers op ’n afrandtafel oopgegooi en ondersoek. Met afrand word bedoel dat die wol wat te kort, vuil of minderwaardig is, van die res verwyder word. Spesiaal opgeleide mense moet hierna die vagte in verskillende grade klassifiseer volgens die lengte en fynheid van die wol.
516,014
Van die afrandtafel gaan die vagte na die wolbakke. Elke graad kom in ’n aparte wolbak. Sodra ’n bak genoeg wol het om ’n wolsak of baal vol te maak, word dit met ’n wolpers styf en netjies in die baal ingepers en met seilgaring toegewerk.
516,015
Die wol is nou gekoek en die vesels staan in alle rigtings. Daarom word dit gekaard: dit word deur rollers met dun draadtande gestuur, wat dit só uitkam dat die vesels ewewydig en op mekaar kom lê.
516,016
In die spinproses word die wol in ’n reeks masjiene ingevoer wat die repe rek om hulle dunner te maak en dan vleg om wolgaring te vorm.
516,017
BO: Die Spinster, ’n olieverfskildery uit 1873 deur die Franse skilder William-Adolphe Bouguereau (1825-1905). Dit toon ’n jong meisie met ’n spindel, ’n primitiewe spinapparaat waarin ’n houtpen aangewend is om vesels tot garing te spin. Sulke apparate is duisende jare lank gebruik, en die spinwiel het maar eers sy verskyning in die Middeleeue gemaak.
516,018
STEL jou ’n wêreld sonder wol voor. In die eerste plek sal skape—en verskeie ander soorte diere—bra koddig lyk.
516,019
Die bedreiging wat dit vir die wolbedryf ingehou het, het wolprodusente gedwing om hul produkte te verbeter. Hulle het byvoorbeeld uitgevind dat wolmateriaal waterdig gemaak kan word deur dit met ’n spesiale soort waks te bedek. En hulle het geleer hoe om dit te bewerk sodat dit nie so gou vuil sal word nie.
516,020
Ofskoon handweef nog in baie lande ’n gewilde beroep is, word die meeste geweefde materiaal tans deur fabrieke gelewer.
516,021
Die afwerking is die eindstadium in die verwerking van wol. Die oppervlak-voorkoms van die materiaal word verander om ’n verskeidenheid van materiale te kry. Die punte van sekere van die vesels kan byvoorbeeld uitgekam word om pluisig te lyk. Of die vesels kan in een rigting geborsel word of selfs platgedruk word vir ’n glanseffek.
516,022
Selfs die vet wat uit wol gehaal word wanneer dit aanvanklik gewas word, word gesuiwer om lanolien te maak, ’n stof wat in gesigsrome, sepe, politoere, inke en salwe gebruik word.
516,023
Die vrae wat gevra is tydens die oggendtee sal nog beantwoord word en op bostaande "oopgesprek" bladsy geplaas word.
516,024
Ja ek was in die 1969 aardbewing gewees in Parow op die rolskaatsbaan en dit was 'n 100 kilos vêr weg.So ek het ondervinding daarvan.Ek het geweet van die Koeberg gevaar maar niks van die Milnerton Belt nie wat die Kaap nou dubbel gevaarliker maak.Daar was 'n 100 jaar gelede al voorspel gewees dat daar 'n kernontploffing gaan wees indie Kaap.Ek dink ook daar het nou ander faktore ook by gekom wat nie daar was nie naamlik die groot verandering van die Natuur op 'n globale skaal,daar gebeur nou dinge wat die gevaar hier meer vergroot en dan kom die Haarp storie ook deesdae baie in die nuus waar mense self kan besluit wat gebeur in die Natuur.Dan Koeberg kan 'n tidal wave weerstaan,wat 'n klomp bolly,en wat gaan gebeur as daai water wal Caltex se opgaar tenke tref wat vol plofbare brandstof is en onthou dit dryf bo op die water,so jy gaan 'n keuse hê versuip of verbrand.Ek het ook êrens gelees dat daar al dinge verkeerd geloop het by Koeberg waarvan die nuus weg gehou word van ons.Met 'n redelike groot Aardbewing sê maar van 6.5-8+ sal omtrent alle uitgangs paaie uit die Kaap geblok wees.Japan se Tidal wave het 40 min na die aardbewing gekom So dit gee jou nie baie reaksie tyd nie,ek het gehoop op tenminste 60 min om spore te maak Karoo toe hangende af of jy beseer is en hoe êrenstig daai besering is.Ons huise kan 'n sekere sterkte aardbewing weerstaan maar dan gaan die mure begin ingee met jou daar binne in. Ek het 'n staal rak systeem regom binne die kamer gebou.
516,025
Die NWKV Nasionale Bestuur het ná uitgebreide debat en oorweging besluit om die moontlikheid vir die totstandkoming van ’n ontwikkelingsfonds vir die wolbedryf te ondersoek.
516,026
’n Bedryfsfonds kan slegs in plek gestel word met die ondersteuning van die wolprodusent. Dié fonds sal projekte help befonds wat tot voordeel vir die totale waardeketting sal wees.
516,027
Indien sodanige fonds deur die wolbedryf self ingestel word, het die bedryf volledig beheer oor die fonds en dus oor elke rand wat gevorder word. Dit is in teenstelling met ’n statutêre heffing wat aan baie reëls en regulasies, soos voorgeskryf in wetgewing, onderhewig sal wees. By statutêre heffings,het die wolprodusent nie volle beheer oor die fondse wat ingewin word nie.
516,028
’n Ontwikkelingsfonds van dié aard sal vir ’n tydperk van vier jaar ingestel word om spesifieke, geïdentifiseerde projekte te befonds en wat in belang van die hele wolbedryf is. Daarna sal toekomstige befondsing en projekte heroorweeg word, afhangend van die omstandighede en ondersteuning. Volledige sakeplanne en ’n oudit sal die aanwending van die fondse duidelik spesifiseer en kontroleer. Die volgende projekte vir befondsing uit dié fonds word in die vooruitsig gestel:
516,029
Om uitvoering te gee aan hierdie projekte word ’n bedrag van nagenoeg R5,8 miljoen per jaar benodig, wat werklik ’n druppel in die emmer is indien in ag geneem word dat die totale waarde van die skeersel wat in die 2016/17-bemarkingseisoen uigevoer is, meer as R4,29 miljard beloop het (dit kom meer op ’n bydrae van wolprodusente van slegs 0,135% van die totale waarde van die skeersel).
516,030
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proefskrif ondersoek 'n alternatiewe manier om drywings omsetters te beheer. Huidiglik word die meerderheid van omsetters beheer vanaf 'n sentrale beheereenheid, wat dan stelsel data versamel vanaf een of meer meetstelsels. Soos die drywingsvermoë van die omsetters toeneem, raak spannings isolasie en die aantal beheerseine 'n probleem, wat nadelig is vir die betroubaarheid en vervaardigbaarheid van die stelsel. As 'n alternatief, kan 'n aantal kleiner beheereenhede en meetstelsels gebruik word. Die beheerders kommunikeer met mekaar, sowel as die hoof stelselbeheerder deur middel van 'n optiese vesel netwerk, verbind in 'n ring struktuur. Die proefskrif ondersoek die ontwerp van die beheerder en die toepassing van gedesentraliseerde beheer in 'n aantal nuwe omsetter topologië. Die studie toon dat sentrale beheer problematies kan raak soos die omsetters meer kompleks raak. Die studie bewys dat 'n stelsel suksesvol bedryf kan word deur gebruik te maak van gedesentraliseerde beheer deur dit in 'n praktiese opstelling toe te pas.
516,031
Daar is beslis ‘n man op die maan. Of in die maan?? Dis ‘n ou oom met ‘n snor en al. Baie vriendelike oom. Hy kyk altyd vir my en ek vir hom as dit volmaan is.
516,032
Dan moet jy die gedeelte wat ek geskryf het oor die moon landing en Neil Armstrong ignoreer. Dit is satire wat net verstaanbaar sal wees met kyk van video
516,033
Neeman Abrie. Noy het jy my verniet nuuskierig gemaak oor daardie pudding wat nie gevind kan word nie. Pragtige maanfoto’s vd mannetjie op die maan. Snaaks dat d maan nooit kleiner word nie al eet die ou al jare lank net bloukaas
516,034
Ek weet nie wat om met jou te maak nie!!!! Jy laat my kop draai. Ek verstaan darem die satire 😀😀😀😀 dis my kos daardie.
516,035
Geestelike Alzheimers is ‘n tragiese siekte wat die Israeliete in Ou Testament aan gely het en helaas ook ons wat vrygemaak is deur Christus. Hy vergeef die sleg in ons en graveer ons name in sy handpalm. Hy vergeet nie van ons nie.
516,036
Baie dankie Dina. Ek het die laaste gedeelte verwyder want te min mense het die video gekyk en sonder die video klink ek soos iemand met ‘n nuwe conspiracy theory
516,037
Dit is so mooi! Ek vrek oor die maan. Op aande wat ek nie geweet het waa my biologiese pa is nie het ek altyd na die maan gestaar en gebid dat die Here hom sal bewaar.
516,038
Hierde gedagte oor die maan het die Here vir my gegee toe ek besonder bedruk was en nog op universiteit. Bly die Here kon die maan gebruik om met jou hemelse Pa oor jou aardse pa te gesels.
516,039
Dankie ek het die einde van die post verander en nog 3 skrifgedeeltes bygesit wat oor die jare vir my baie beteken het.. Ek het ook die gedeelte oor die maanlanding verwyder want sonder om die video te kyk laat dit my klink soos conspiracy theorist. Dink dit is in elk gevak beter dat die post op ‘n ernstiger noot eindig.
516,040
5. Skep ongeveer 15 ml (1 e) maalvleismengsel in die onderste regterhoek. Vou dan die onderste regterkantste punt oor die vulsel om 'n driehoek te vorm.
516,041
6. Hou aan om die deeg oor te vou tot net die punt van die deeg oorbly. Verf 'n bietjie water aan die punt van die fillodeeg en druk dit vas.
516,042
7. Herhaal die proses met die oorblywende bestanddele. Hou die samoesas toe onder 'n klam vadoek om te voorkom dat die fillodeeg uitdroog .
516,043
3. Meng die twee soorte meel, bakpoeier, kaneel, neut en sout saam. Roer die mengsel deur die pampoenmengsel.
516,044
5. Skep die deeg in die voorbereide broodpan en bak vir ongeveer 1 uur of tot 'n toetspen skoon uitkom.
516,045
6. Bedek die broodjie met foelie vir die laaste 20 minute van die bak tyd indien die bokant te donker bak.
516,046
1. Verhit die olie en botter saam in 'n swaarboompan en braai die ui liggies vir 5 minute. Voeg die aartappels by en soteer vir nog 5 - 10 minute.
516,047
4. Laat die sop effens afkoel, giet dit in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad of vryf dit deur 'n sif.
516,048
5. Verhit die sop tot deurwarm en geur dit met gemengde kruie en peper. Jy kan nog 'n bietjie sout byvoeg indien nodig, maar proe eers en wees versigtig om die sop nie te sout te maak nie.
516,049
* Die droë ertjies kan met 'n blikkie boontjies in tamatiesous vervang word. Voeg net die boontjies laaste by.
516,050
Voeg die maalvleis by en roer deur tot gaar. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die boontjies) by en prut tot die sous verdik.
516,051
2. Verhit die olie en botter of margarien in 'n swaarboompan en braai die ui vir 'n paar minute tot dit deurskynend is..
516,052
3. Voeg die worsies, sampioene, kruie, sout en peper by en braai dit vir 'n paar minute. Laat die mengsel effens afkoel.
516,053
NB-Uitgewers mag geen persoonlike inligting van jou openbaar maak tensy jy daartoe instem of tensy dit vir enige regsproses nodig is nie.
516,054
In die Christelike lewe is daar verskeie geestelike dissiplines wat ons op ʼn plek bring waar die Heilige Gees ons kan verander om meer en meer soos Jesus te word. […]
516,055
Die draak (duiwel) wil die Kind (JC) by die vrou (God se volk, Sy kerk) vat. Die Kind word egter weggevoer na die hemel en op die troon geplaas, buite die bereik van satan. Dit maak die draak woedend, hy wend hom tot die vrou en probeer om haar te verslind. Sy vlug na die woestyn waar sy deur God bewaar en onderhou word.
516,056
Satan se doelwit is om die gemeente van die Here Jesus Christus uit te roei. Hy sal dit nooit reg kry nie. Net soos wat hy nooit die volk Israel kon uitroei nie. Die Here bewaar Sy volk in hierdie wêreld. Vir hulle is dit wel dikwels soos ‘n lewe in die woestyn, vol swaarkry en bekommernis.
516,057
Die oorwinning is in die hemel behaal, Christus het die draak (satan) oorwin, maar die stryd is nie verby nie. Die duiwel word uit die hemel gewerp en gaan met sy leër nog probeer om alles op die aarde te vernietig. Die vreeslike sryd gaan op aarde voortgesit word. Die duiwel is rasend oor sy nederlaag. Nog maar ‘n kort rukkie, dan sal sy mag tot niet wees, dan sal hy vir ewig gebonde wees. Daarom sal hy hierdie kort tydjie nog gebruik om soveel skade aan te rig as wat hy kan. Geen wonder dat die engele in vers 12 kla: ”Wee die bewoners van die aarde en die see.”
516,058
Van die vier Suid-Afrikaners wat die afsnypunt oorleef het, het Richard Sterne (nou op 5-oor), Zander Lombard (6-oor) en Grace (7-oor) ʼn droewige dag agter die rug nadat al drie op die telbord teruggesak het.
516,059
Afrikaans: 'n Ondersoek is ingestelom die invloed van die P-status van weidende vleisbeeste op hul produksie en reproduksie op die veld van Saratoga in die Noordwes Provinsie te bepaal. Die studie by die lokaliteit het die volgende aspekte aangespreek: topografie, klimatologiese en voedingsaspekte wat die studie kon beïnvloed; die lekinname en die effek van P-aanvulling op die produksievermoë van vleisbeeskoeie; die effek van P-aanvulling op die reproduksie van die vleisbeeskoeie en prestasie van kalwers; en ribbebeen en bloed as indikators van die P-status van die reproduserende vleisbeeskoeie. Die hoofbehandelings (+P en -P) het basies uit 60 vleisbeestipe koeie bestaan. Hierdie koeie is in twee afsonderlike groepe van 30 elk verdeel. Die +P koeie het P en sout in 'n lek ontvang en die -P koeie slegs 'n soutlek. 'n Uiterse swak verspreiding van die reënval gedurende 'n baie droë 1992, het die gevolg gehad dat die kwantiteit en kwaliteit van die veld gewissel het van gemiddeld tot swak. Die lekinname was uiters hoog met die aanvang van die proef op Saratoga. Die inname van die +P groep het egter later gedaal tot die aanvaarbare vlak van 80 g NaCI- en 6 g P per koei per dag inteenstelling met die -P groep wat nog steeds 'n hoë inname gehandhaaf het. Die koeie in die +P behandeling op Saratoga se prestasie oor die proefperiode, in terme van produksie was betekenisvol (P < 0.05) beter vergeleke met dié van die -P behandeling koeie. Die +P koeie se prestasie in terme van die prestasie van hul kalwers was ook oor die algemeen beter in vergelyking met dié van die -P behandeling. Alhoewel daar oor die volle periode van die proef geen verskil was, in terme van reproduksie tussen die behandelings nie. As alle gemete veranderlikes in ag geneem word, het die -P koeie die swakste gevaar in die proef op Saratoga. Uit al die resultate het dit egter geblyk dat die -P koeie nie kon presteer, sonder die aanvulling van 'n sekere hoeveelheid P in hul dieët nie, veral wanneer droogte toestande geheers het. Op Saratoga het daar 'n skielike massaverlies van die koeie in beide die +P en -P behandeling, kort na die aanvang van die proef, voorgekom. Die -P koeie het skielik kliniese simptome naamlik, styfheid, anoreksia en inkoërdinasie ontwikkel, gevolg deur vrektes 'n paar maande na aanvang van die studie. Op die stadium (speen) het die -P koeie 'n gemiddeld van slegs 112.1 mg P/em3 gehad, wat 'n betekenisvolle (P < 0.05) laer been inhoud het in vergelyking met die +P koeie (124.4 mg Pzcrrr'). Dit is dus 'n indikasie van 'n P-tekort, net vir die stadium (speen). Alhoewel die totale gemiddeld van die P-inhoud van been geen indikasie van 'n P-tekort, tussen die behandelings getoon het me. Die doel van die studie was om te bepaal of daar 'n P-gebrek op Saratoga in die Molopo bestaan. Alhoewel die resultate van die proef aanleiding gegee het tot die hipotese dat 'n P-tekort by herkouers geïnduseer kan word deur 'n oorinname van NaCI, soos wat die geval was met die -P koeie op Saratoga is geen duidelike antwoord deur die proef gedurende die eerste fase van die ondersoek verskaf nie. Na aanleiding van die resultate het 'n behoefte vir verdere en meer gedetaileerde ondersoeke ten opsigte van die aanvulling van P en NaCI, ontstaan. In die tussentyd moet egter aanvaar word dat die koeie 'n P-tekort getoon het in die afwesigheid van P-aanvulling op die veld en dat dit wys sou wees om P in ekstreme droogtetoestande te verskaf.
516,060
NB-uitgewers en die ATKV het hulde gebring aan die skrywer wat vir ses dekades lank Afrikaanse letterkunde laat seëvier het.
516,061
Die skrywer Jeanette Ferreira reageer soos volg: “Dat sy so stil uitgegaan het, die onblusbare Margaret Bakkes. Haar historiese romans, haar besinning oor ouderdom wanneer die amandelboom wit in die bloei staan; dit het sy vir ons nagelaat. Ek dink veral oor haar nostalgiese verhale oor die haar grootwordplek in die Stormberge se bittere koue, en dat sy nou juis in die koue moet groet. Maar haar warm lag en haar kleurvolle lewe sal by ons bly. Goeie reis aan ‘n skrywer, vriendin en buitengewone mens.”
516,062
Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, onthou: “Margaret Bakkes was vandat ek my verstand gekry het deel van my lewe. Sy en my ma het saam grootgeword in Sterkstroom in die Oos-Kaap. Sy was ’n sterk vrou wat ’n familietradisie van wonderlike skrywers begin het. Ek sal haar op ’n persoonlike en professionele vlak baie mis. Daar is ’n hele generasie van groot skrywers wat ons nou verlaat.”
516,063
Sy sal lank onthou word vir haar romans wat lekker gelees het, maar wat ook sonder skroom die tydsgees aangespreek het.
516,064
Die insluiting van enige skakel op hierdie webwerf impliseer nie dat NB-Uitgewers sodanige webtuistes goedkeur nie. Webtuistes of webbladsye waarmee geskakel word, is nie onderworpe aan die beheer van NB-Uitgewers of Media24 nie. NB-Uitgewers sal nie direk of indirek op enige wyse verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud van sulke webtuistes, die gebruik van hierdie webtuistes, of die onvermoë om enige skakelwebtuistes of enige skakels in ’n skakelwebtuiste te gebruik of te besoek nie.
516,065
Geen persoon, onderneming of webwerf mag skakels na enige bladsy op hierdie webwerf opstel sonder vooraf skriftelike toestemming van NB-Uitgewers nie. Sodanige toestemming kan verkry word deur ’n e-pos na pharos@pharos.co.za te stuur.
516,066
Dankie Julle Ek het al heelwat rond gebel en kry nie ń L28 nie??? Ek wil ook nie iets he wat my gaan dood maak op petrol nie(dis hoekom ek eintlik wil Diesel toe gaan). Die L28 wat ek het, het redelik baie werk nodig! Hy is klaar oversize en alles moet terug standard toe! Waterpomp se impellers is a...
516,067
Display: All results1 day7 days2 weeks1 month3 months6 months1 year Sort by: AuthorPost timeForumTopic titlePost subject Direction: AscendingDescending
516,068
Mnr. Ian Dickie, die Kaapse vervaardiger van munisipale en boutoerusting, het ’n aftakker­model van ’n rioolspuit vertoon wat pype en besproeiingstelsels skoon kan spuit. Die spuitpunte, wat deur ’n verstopping gedruk word, blaas die water na agter om aanpaksels uit die stelsel te verwyder. Prys: R218 500 Kontak: Mnr. Warren Spann, sel 082 467 0894.
516,069
Dis nor­maal om aan­vank­lik oor­wel­dig te voel wan­neer jy die eer­ste keer be­sef jou kind se ont­wik­ke­ling rus op jou skou­ers. Ge­luk­kig is daar ’n stap-vir-stap-re­sep wat, as jy dit volg, sal ver­se­ker dat die tyd wat jy saam met jou kind deur­bring, mak­si­mum waar­de het en uit­ein­de­lik sy ont­wik­ke­ling as ho­lis­tie­se mens doel­tref­fend sal steun.
516,070
Net so kan jy jou kind die ver­skil tus­sen hard en sag leer deur haar aan ’n plas­tiek­bal en ’n lap­pie te laat vat.
516,071
Taal is baie nou met in­tel­lek­tu­e­le ont­wik­ke­ling ver­bind. Dink aan jou­self as ’n sport­kom­men­ta­tor wat deur­lo­pend te­rug­voer gee oor wat jou ba­ba doen, dink en voel. As jy net vir haar die woor­de gee vir wat sy doen, dink en voel, is dit klaar on­ge­loof­lik waar­de­vol vir haar ont­wik­ke­ling. Ons dink in woor­de en daar­son­der is dit on­moont­lik om van die wê­reld om ons sin te maak.
516,072
Taal gee lo­gi­ka aan jou ba­ba se wê­reld en jy ver­rig ’n baie be­lang­ri­ke taak deur haar wê­reld vir haar te “ver­taal”.
516,073
Wan­neer dit by die leer van nu­we woor­de kom, sal jou ba­ba die woor­de wat sy die mees­te hoor, die vin­nig­ste leer. Ge­bruik nu­we woor­de oor en oor in een­vou­di­ge sin­ne: “Dis tyd om te bad. Jy hou van bad. Kom ons gaan bad, lie­fie.”
516,074
Ba­bas er­vaar die wê­reld deur hul lyf en daar­om leer hul­le iets mak­li­ker as dit fi­siek vir hul­le voor­ge­speel word.
516,075
Jy moet dus vir haar “ver­toon” wat jy wil hê sy moet leer. As dit is om op te hou om die kat se stert te trek, streel met haar hand­jie sag­gies oor die kat. Gee vir haar die woor­de vir dié er­va­ring: “Kyk, die kat­jie hou daar­van om sag­gies ge­streel te word.”
516,076
Peugeot 404 ou kar. Hy is geskraap het skraap papiere. Hy ry.R4000 af gesak met prys. Bel op 0792940813
516,077
Gesellig gemaklik wat jy sien is wat jy kry. Gesels met my! Ek vat nou beheer van my lewe en doen wat ek wil.
516,078
’n Swart polisieman (36) van die Amalia-polisiekantoor wat na bewering die vermeende aanvallers se wegkom-motor bestuur het en ’n ander verdagte (20) verskyn vandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof op aanklagte van onwettige oortreding van ’n perseel met die doel om ’n misdaad te pleeg.
516,079
Twee werkers van ’n bejaarde melkboer van Schweizer-Reneke het die aanval gefnuik toe hulle die Swart gemors in die plaashuis ingewag en een in die been geskiet het.
516,080
“Sy makkers het weggehardloop. Ons het die gewonde toe in die huis ingedra en beveel om op sy maag te lê met sy arms agter sy rug terwyl ek die polisie gebel het.
516,081
“My oupa het sowat ses maande gelede sy een been verloor en moet dus ’n rystoel gebruik,” het sy gesê.
516,082
Twee werkers van ’n bejaarde melkboer van Schweizer-Reneke in Noordwes het ’n plaasaanval in die wiele gery toe hulle die boewe in sy plaashuis ingewag en een in die been geskiet het.
516,083
’n Polisieman (36) van die Amalia-polisiekantoor wat na bewering die vermeende boewe se wegkommotor bestuur het en ’n ander verdagte (20) verskyn vandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof op aanklagte van onwettige oortreding van ’n perseel met die doel om ’n misdaad te pleeg.
516,084
Hy en Abraham Sesing (44), ’n werker wat saam met Eksteen en dié se vrou, Susan (47), en hul tienjarige seuntjie, Waldi, saam met Van den Heever in sy plaashuis bly, het die boewe ingewag.
516,085
Die polisie se statistieke vir die getal plaasaanvalle en -moorde vir die 2008-’09-boekjaar is verkeerd.
516,086
Kohler Barnard wou onlangs in ’n parlementêre vraag aan Mthethwa weet hoekom die polisie nie meer afsonderlike statistieke vir plaasaanvalle en -moorde hou nie. Dié vraag is nog nie beantwoord nie, het sy gisteraand gesê.
516,087
Die beamptes het toe gesê hulle het reeds ’n ambulans gebel, maar moet gaan, want hulle is op soek na iemand wat ’n huis in die omgewing beroof het.
516,088
Botha, die pa van ’n 18 maande oue kind, was omstreeks 04:45 op pad werk toe toe die polisievangwa – sonder blou ligte – op die R526 op hom afgepyl het, het hy gesê.
516,089
Hy het uitgedraai, op die sypaadjie gery, ’n sloot getref en beheer oor sy werkbakkie verloor. Dit het omgeslaan.
516,090
’n Metropolisiebeampte het sy verklaring afgeneem, maar gesê Botha moet R100 betaal om die saak verder te voer.
516,091
Die metropolisiebeamptes het hulle uit die spore gemaak toe hy weier en die bestuurder van ’n insleepvoertuig wat daar opgedaag het, gevra of hy van die R100 weet.
516,092
“Ek is kwaad en verlig. Ek is verlig dat ek lewend daaruit gekom het, maar kwaad dat die polisie so opgetree het. Dit is belaglik. Hoe kan hulle jou net van die pad af stamp?” wou Botha weet.
516,093
As Botha ’n afskrif van sy verklaring wil hê, moet hy by die metropolisie se kantore in Johannesburg daarom aansoek doen, maar hy sal dit nie kan kry voordat die ondersoek afgehandel is nie.
516,094
Die Afrikaanse Taalraad het van die omsendskrywe kennis geneem en het sy steun toegesê aan die inisiatief van die burgerregte-organisasie, AfriForum, om ‘n klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad in te dien.
516,095
Die ATR ag dit dringend noodsaaklik dat die Nasionale Talewet wat in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika opgestel is en gelyke regte aan alle tale in die land bied, spoedig geïmplementeer moet word. Die wet maak voorsiening vir ‘n billike bedeling vir die elf amptelike tale van Suid-Afrika en sal voorkom dat onbillike en selfs diskriminerende maatreëls soos dié in Limpopo getref word.
516,096
Dr. Johan Burger, ’n kenner van die polisie wat vir die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) navorsing doen, het aan Rapport gesê ’n toename in voorvalle waarin misdadigers hulle as polisielede voordoen, sal ’n rimpeluitwerking op die publiek hê.
516,097
Hy meen dit is die polisie se plig om voorvalle waar misdadigers hulle as polisielede voordoen as ’n prioriteit te beskou sodat die integriteit van die polisie beskerm kan word.
516,098
“Die polisiewet (ingevolge waarvan dit ’n misdaad is as iemand hom/haar as ’n polisielid voordoen) is ook nie omvattend genoeg nie. Daar moet baie strenger strawwe wees sodat dit as ’n afskrikmiddel dien.”
516,099
“As jy onseker of agterdogtig is, ry tot by jou naaste polisiekantoor of ’n plek waar daar baie mense is.