id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
515,700
“Hy is die mens wat ek totaal bewonder, en hy is ook die mens wie se glimlag my elke keer laat smelt.
515,701
Dit lyk asof Sardinië die Clooneys se tuiste is vir die res van die somer in die Noordelike Halfrond. George was op die eiland om te skiet aan sy nuwe minireeks, Catch-22, wat gegrond is op die roman deur Joseph Heller oor ’n bombardier in die Tweede Wêreldoorlog.
515,702
Dae ná die paartjie en hul kinders aangekom het, is Amal afgeneem toe sy ’n tweede keer in Sardinië aanland nadat sy vermoedelik vir werk weg was.
515,703
Die stylvolle ma en dogter het weer nie teleurgestel nie: Baria, ’n gerekende politieke joernalis, het aandag getrek in ’n groen slooprok, terwyl Amal haar magie gewys het in die kleinste swart toppie en die mooiste wyepypbroek met swart en wit strepe.
515,704
Tussen die werk deur het George en vroulief Amal seker tyd gekry vir ’n bietjie uitgaan, want daar was mos twee oumas en ’n oupa om te help kind oppas.
515,705
George is vol bewondering vir sy vrou, en hoewel hy self al jare betrokke is by humanitêre sake, sê hy hy is ’n amateur en sy die professionele een. Amal was onder meer ’n adviseur oor Sirië vir Kofi Annan, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
515,706
Nadat die Amerikaanse owerheid onlangs sowat 2 000 kinders van hul ouers geskei het by die Mexikaanse grens, het die Clooney-egpaar R1,4 miljoen aan ’n sentrum vir immigranteregte geskenk.
515,707
“Êrens in die toekoms gaan ons kinders ons vra: Is dit waar? Het ons land regtig babas van hul ouers weggevat en hulle in aanhouding gesit?” het die egpaar in ’n verklaring gesê.
515,708
In die Matzikama-streek is daar dae wat die temperatuur tot en met 40 grade styg. In sulke warm omstandighede wil almal swem, maar dan eet die son jou op. Soms brand jy steeds, al het jy sonskerm aangesmeer en dan is jou hele lyf seer en jy is ongemaklik. Hieronder volg ’n paar maniere oor hoe jy dit kan behandel in die gemak van jou eie huis.
515,709
Daar word geglo dit help om blase te keer en te keer dat jy afdop, en dit kalmeer en verkoel ook die vel namate die asyn verdamp. Wend appelasyn met watteballetjies of ’n sagte lap aan, of voeg dit by jou badwater.
515,710
Maak ’n kouewaterkompres deur ’n waslap in koel water te week en dit direk op die gebrande dele aan te wend. (Moet nooit ys of yspakke op ’n songebrande vel gebruik nie.) Los dit vir ’n paar minute en maak die lap gereeld nat om dit koel te hou. Herhaal dit ’n paar keer gedurende die dag wanneer nodig vir verligting.
515,711
Voeg ’n paar opgehoopte eetlepels koeksoda by koel badwater voordat jy in die bad klim. Moet egter nie vir langer as 15 minute in die bad bly nie, want dit kan jou seer vel selfs meer uitdroog. En druk jou vel met ’n handdoek droog, want as jy dit vryf, sal dit jou vel irriteer.
515,712
Die son het jou vel gedehidreer. Maak dus seker jy drink baie vloeistof (verkieslik nie kafeïen of alkohol nie) terwyl jy van sonbrand herstel.
515,713
Die son het jou vel uitgedroog en hoewel ’n koel bad en kouewaterkompresse die pyn kan verlig, stroop dit die vel van vog. Wend vogroom aan direk nadat jy gebad of gestort het. Vir ekstra-koel verligting, hou die vogroom in die yskas.
515,714
Ongeag watter middel jy kies, onthou die uitwerking wat die sonbrand op jou vel gehad het, en vermy volgende keer oorblootstelling aan die son.
515,715
Giet kook­wa­ter oor die brand­ris­sies en laat 1 uur staan. D­rei­neer en plaas saam met die res van die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker. Maak fyn. Voeg o­lyf­o­lie by en ver­pulp tot ’n lo­pe­ri­ge
515,716
EERLIKE opregte mans wat my kan bederf 'n vrou op die hande dra. Nie jaloers is nie en wat God eerste in sy lewe stel. Geen kansvatters nie en as jy onder die ouderdoms groep val moet nie eers boodskap stuur nie.
515,717
A, klein prinsie, so het ek stadigaan iets van jou lewetjie en sy hartseer begin ver­staan. 'n baie lang tyd was die lieflikheid van die sonsondergang vir jou die enigste plesier op jou planeet - dit het ek agtergekom toe jy op die oggend van die vierde dag vir my sê: Ek hou baie van sonsondergange.
515,718
4'Ons het 'n menigte briewe oor die Bond, van verskillende kante, wat egter met ons· anmerkings moet
515,719
Tipies-mooi is die twee verslae van die eerste Petrusvillese verga de rings, wat noodsake1'ik aan die vergetelheid meet ontruk worde. Dit gee ons 'n goeie
515,720
April, sal daar in die Publieke Skoolgebouw 'n publieke vergadering gehou worde, en 'n tiental vraagpun te besproke worde,
515,721
nooit 'n geleenheid Iaat verbijgaan om sijn volk onderwijs te gee in die ,eerste beginsels van 'n suiwer-demo-·
515,722
wees in die Hoofbestuur. Bowedien wens ons die hele organisa43ie van die Bond te druk in ons Almanak ver 1882, en dis 'n
515,723
mag nie as wat hy uan die lagere ontleen. Dis 'n twede beginsel van bclaog. Vie Hoofbestuur moet nie eigemagtig handel
515,724
nie. Ne. die mag is'n opklimmende, sodat die difl'erente Besture mar uit te voer het wat die lede wi]' HierUlt vo]g weer
515,725
distrik. waar 'n koerant sal gedruk worde wat duidelik die gevoeJens van die Afrikaners uitspreek, daar die Burghersdorp
515,726
gaar nie meer nie. Nou sit bulle somar ,. Z.A.B.B. Vereen iging." En as jy nou nog hierby moet voeg die Komite ver 'n
515,727
moet sig mar troos daarme, dat hy nie die enigste is, wat stilswyge tot andwoord kry op die punt. Intusse groei die Bond
515,728
fluL.s an. Veral die oprigting van 'n tak in die distrik van Oudtshoorn, nadat 'n tydgenoot al 'n paar maande lank in 'n groteadvertensie "de Boeren ,van het Distrikt" uitnodig tot 'n "Mon-
515,729
om'n botsing te voorkom. Mardit word hoog tyd dat die Hoofbestuur van die B.B. Vereniging die voorstel ernst;g ter harte
515,730
neem, wat hulle vroeger so maklik op sy geset het, om te verklaar in welke verhouding hulle tot die Afrikaner Bond staat, en
515,731
des te meer win die saak daarby. Nix het die onwankelbaarbeid van die grondbeginsels van voorstanders van die taalbeweging beter 1at uitkom as juis 'n voorlesing van 'n man soos
515,732
is om te dreige dat die verstandigste deur Afrikaans sal uitgedrewe worde: en of sig te lat uitdrywe juis 'n kenmerk van die'
515,733
uitgewerk het." Na aanhaling van die nuwe bewerking, gaan die Perlse editeur aldus voort : "Lesers vall die Patriot. wat die moeite wil neem om die
515,734
is die man wat verteenwoordiJo{ers opgeroep bet van die verskillende distrikte om IS Mei te Pretoria same te korn. om 'n Provinciale Bestuur te vorm en 'n Konstitusie of Grondwet ver die
515,735
"Dinsdag aand 16 Mei was die Vergadering in die Volksraadsaal. Die Volksstem sal weI 'n verslag ge, wat die Patriot
515,736
'n Mens sou se dat, gereroen die Calvinistiese grondtype van ons yolk, die .aannetming daarvan, altans van
515,737
Suid-Afrika "ei1zddoel" van die Bond meet wees, waarvoor mnr. Hofmeyr in die plek gestel het die woord
515,738
'n meerderheid van distrikshesture vir d5.e Du Toits-ontv\)'erp is. Maar mnr. Theron het gewaarskuw en gese
515,739
'n Verenigde Suid Afrika en 2) dat rekening moet gehou word met die "Chl'istelike kal'oktel''' van die volk.
515,740
Dinsdae tot Sondae: Besoek die lugvaartmuseum by die Randse Lughawe in Germiston. Besoekers kan by die enorme Boeings ingaan en tydens die begeleide toere baie kennis opdoen. Toegang kos R40 vir volwassenes en R25 vir kinders jonger as 18. Daar is ’n eetplek langsaan met ’n goeie uitsig van die lughawe en die vliegtuie wat opstyg en land. Die deure open om 09:00. Skakel die kantoor by 076 879 5044 vir meer inligting.
515,741
’n Mens kan jou nie voorstel dat die Transformers enige lood in hul staalare gaan hê sonder daardie twee flambojante bulle in beheer nie, want as daar een ding is waarin Michael Bay uitblink, is dit aksie. Hy weet wat vir sy bewonderaars werk, en hy gee telkens vir hulle selfs nog meer.
515,742
Hierdie reeks kan nie eintlik as volwaardige rolprente beskryf word nie. Dit word hoofsaaklik teen groen skerms en op rekenaars gemaak en lyk eintlik soos videospeletjies op die wye doek. Die storie het darem meer om die lyf as gewoonlik, maar aksie voer steeds die botoon.
515,743
Dié slag is koning Arthur en die towenaar Merlin direk betrokke by die robot-ekstravaganza. Eeue gelede het Arthur ’n amulet gekry waarna die alien-robotte soek. En dan is daar ’n bose vrouerobot wat soos Medusa met staalkabels vir hare lyk wat die robotte op hul verlate planeet aanhits om aarde toe te kom om die staf wat Merlin het, af te neem om hul planeet te red en ons planeet in die proses te vernietig.
515,744
Intussen hardloop Mark Wahlberg as Cade Yeager nog vinniger as in die verlede, maar dié slag het hy, nes Logan vroeër vanjaar, ’n dogtertjie wat saam met hom die avonture meemaak. Die enigste rede hoekom sy daar is (en Isabela Moner speel die rol baie goed) is om ’n jong gehoor te trek wat hulle met haar kan vereenselwig.
515,745
Dit is die probleem. ’n Mens weet die held gaan ongeskonde hier uitstap. Miskien met twee ekstra bultende spiere, maar skaars ’n skrapie aan sy gespierde lyf. So is daar vurige tonele waar Wahlberg uit ’n hysbak gepluk word en van dakke aftuimel en oor vlieënde robotte spring wat verdere woema aan die rolprent verleen. Waaghalstoertjies is die rolprent se sterk punt.
515,746
Maar uiteindelik gaan kyk ’n mens vir die spesiale effekte. Die rolprent open met ’n magtige stryd tussen Arthur en die barbaarse vyand wat toe reeds deur robotte uit die ruimte beheer is. Lyke vlieg grasieus deur die lug in 3D en land op jou skoot. Robotte raak kwinkslae kwyt tussen die menseslagting, en ’n vuurspuwende draak veroorsaak ­tipiese Michael Bay-chaos.
515,747
As jy dus ’n Transformers-bewonderaar is: Dié slag is daar selfs meer aksie as in die vorige rolprente, en Mark Wahlberg het die kuns van avonturier wees vervolmaak. Hy het ’n kombinasie van macho vreesloosheid, maar ook menslikheid wat van hom ’n oortuigende protagonis maak. Sonder Wahlberg (en destyds het Shia LaBeouf dieselfde soort rol vertolk voordat hy uit die reeks verwyder is) sou Transformers: The Last Knight nie so suksesvol gewees het nie.
515,748
Soos sy voorgangers kom die rolprent alleenlik tot sy reg op ’n reuse-Imax-doek met oordonderende klank en beelde wat aanslae op al jou sintuie maak. Dit is nie ’n ervaring waarna jy onbetrokke sit en kyk nie – jy word deel van die aksie om dit behoorlik te waardeer, en dit kan jy net in Imax doen.
515,749
Hoewel sy motiewe goed is, en die rolprent 'n tema uitbeeld wat selde aangeraak word, is dit 'n moeilike en veeleisende ervaring wat dalk te veel in twee uur probeer inprop.
515,750
'n Pragtige meisie (gespeel deur Amandla Stenberg) wat aan 'n seldsame siekte ly, mag nie uit die huis gaan nie.
515,751
Sy knoop 'n verhouding per selfoon en rekenaar met 'n oulike outjie (Nick Robinson) aan. Maar daar is 'n kinkel in die liefdeskabel . . .
515,752
’n Gewone loodsuurmotorbattery is ontwerp om ’n sterk stroom vir ’n kort tydjie te lewer – om byvoorbeeld die motorenjin aan die loop te kry wanneer jy die sleutel in die aansitter draai.
515,753
Die kraglewering is soos dié van ’n McDonald’s-burger: Vinnige energie, maar dit hou nie lank nie. Sodra die enjin aan die gang is, verskaf jou voertuig se alternator die elektriese krag wat nodig is vir die ruitveërs, lugreëling en dies meer. So ’n battery behoort vir ongeveer vyf jaar te hou as jy dit reg geruik.
515,754
Lei hom koud Moenie ’n diepsiklusbattery pap bêre nie. Laai hom eers, anders gaan jy vir jou volgende vakansie ’n nuwe een moet koop.
515,755
Op ’n manier is ’n battery soos ’n huwelik: Dit verg voortdurende onderhoud. Goed, ons oordryf dalk nou effens, maar behandel jou battery met respek en hy sal jou vleis bevrore en jou bier koud hou. Dit is nie goed vir enige battery om pap te word nie, en een van die groot vyande is ’n goedkoop batterylaaier wat nie voorsiening maak vir die drie verskillende laaifases nie. In die proses word die battery dus dikwels “oorlaai”.
515,756
1 Begin stadig. Koppel die battery aan ’n laaier en sit dit op “stadige laai” (slow charge) vir minstens 4 uur.
515,757
Volt (V): Dit beskryf die sterkte van ’n elektriese stroom en word bepaal deur die potensiaalverskil tussen twee pole van ’n kragbron – amper soos die drukking in ’n waterpyp tussen ’n vol en leë tenk. Hoe hoër die vol tenk bo die leë een is, hoe groter is die drukking in die pyp. Motorbatterye en diepsiklusbatterye is normaalweg 12V.
515,758
Byna het ek ’n flater oorgekom en dié boek op die kinderblad geresenseer, maar dit kom daarvan as ’n mens ’n kinderlike tekening op jou voorblad sit.
515,759
Daar’s die koning wat sonder klere die straat afstap en ’n seuntjie laat gil: “Boeliebief en pietersielie / Ek sien die koninklike . . . / Gielie! Skree sy ma: Jou leë kop! / G’n wonder jy’t graad 1 gedop!”
515,760
“Elke strokie het altyd uit presies 28 rymreëls bestaan. Sodra ek die teks geskryf het, het ek dit aan Piet gestuur. Ek het hom nooit ooit voorgesê wat om te teken nie. Hy weet blykbaar wat in my kop aangaan, maar hy het met sy sketse dikwels die strokies nog stouter gemaak as wat hulle reeds was. Ek besef die strokies is stout, maar hopelik nooit vulgêr nie.”
515,761
Hanna is indrukwekkend om verskeie redes. Benewens haar lieflike voorkoms het sy die vermoë om die dra van juweliersware tot ’n fyn kuns te ontwikkel.
515,762
“ ’n Armband in dieselfde styl as die oorbelle (art deco-waaieroorbelle van silwer en swart onikssteen) herinner meer aan ’n aristokratiese Russiese vlugteling tydens die Belle Époque as aan die hoer wat Hanna veronderstel is om te wees.”
515,763
Hy lyk op ’n haar soos die wêreldberoemde wyle balletdanser Nureyev (om redes wat sy ma sou kon verduidelik) en verskaf baie plesier aan die verloopte Afrikaner.
515,764
Die enigste stinkigheid in die drinkwater is die skrywer Fransi Phillips wat hulle geskep het, maar dikwels aan hul eie lot oorlaat.
515,765
“Ek stem wel met haar saam dat jy jou karakters vryheid moet gun, maar soms kon sy maar ’n bietjie minder onaangenaam gewees het. Haar futiele obsessie met wêreldpolitiek getuig van ’n ongebalanseerde karakter. En ek weet vir ’n feit sy’s ’n lui skrywer.”
515,766
“Ek het Japan oorweeg, maar hulle soek jonges. China en Korea is ’n bietjie van ’n worsmasjien. Saoedi-Arabië is gevaarlik vir ’n vrou wat nie weet hoe om haar mond te hou nie. ’n Mens sukkel jou dood met werkvisums vir die Europese Unie.
515,767
Gelukkig het hy op Huisgenoot se boekeblad beland as die skrywer van Truitjie Roer My Nie, “ ’n vreeslose verslag van ’n jong komediant se lewe . . . tot dusver”.
515,768
13 November 2016 Wanneer jy ʼn roete beplan begin jy gewoonlik met waarheen jy op pad is en waar jy op die oomblik is. Dan beplan jy ʼn roete daarvolgens. […]
515,769
30 Oktober 2016 Jesus is die Goeie Herder en Hy lê sy lewe vir ons neer sodat ons Hom kan volg en Hom kan leer ken. Ons moet die vraag […]
515,770
'n Plattelandse lewe beteken allermins 'n sorgvrye bestaan van niks doen, maar die moontlikheid is groter om te leef volgens wat jou lewenstyl behoort te wees.
515,771
``Maar kyk mooi, die aanwysingsbord daarheen is klein.'' (Dit was dan ook wel die geval. As jy nie mooi kyk nie, sal jy wraggies verby die pad net anderkant Senekal ry.)
515,772
Vir my lyk die sandsteen-Godswoning met sy toring al te veel na 'n Middeleeuse kasteel. Op 'n standbeeld daarbuite is gegraveer: ``Uit Afrikaner-rou is gebore Afrikaner-trou.'' Ook anders as in Europa is die kerk nie omring deur huise nie. Nee, op Rosendal is die wonings ver van mekaar. Erwe lê oop. Die verwagte ontwikkeling het nooit gekom nie. Die strate het elk 'n naam en een is selfs in die vorm van 'n boulevard met 'n middelmannetjie en bome, de lot.
515,773
Die huis waar ons die naweek bly, het nie elektrisiteit nie. Die aande voel lank. Daar is g'n televisie nie. Die battery van die skootrekenaar is ná 'n ruk pap. Tog voel dit nie ondraaglik nie.
515,774
Ons berei almal saam 'n maal in kers- en lamplig voor. Die Aga hou die koue buite terwyl daar aangesit word vir witte-aspersiesop met broccoli en croutons. Wilde seebaars (aangery uit Johannesburg) gebak in olyfolie vorm die hoofgereg.
515,775
'n Maand en 'n half later is ons terug. Dit voel snaaks om 'n kortbroek te dra, terwyl ysblokkies aanloklik klingel ná die bibberweer die vorige keer.
515,776
Ons lê op die gras, sluit ons oë en luister: die geruis van blare in die wind, voëls in die bome, die stille gezoem om ons heen . . . Kinders verdwaal in 'n spel, 'n aansteeklike gelag, spattende water, die vrolike geblaf van 'n hond . . .
515,777
Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989. Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!
515,778
’n Waarskuwing vergesel dié raat: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn is gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn hê.
515,779
Boererate is benewens ’n gesondheidsgids en kultuurskat ook ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse taalgeskiedenis. Sommige rate dateer terug na ’n tyd toe Afrikaans nog in sy kinderskoene gestaan het en daar nog nie duidelike taalreëls was nie. Die boek bied ’n nostalgiese terugblik op Afrikaans en ’n era wat verby is.
515,780
“Ons broer het 25 jaar terug van hom uit Kanada laat hoor, en ons was seker dat hy dood is. En nou het hy weer kontak gemaak. Hy het intussen tot bekering gekom en is besig om vir pastoor te leer.” Die briefie uit Sjina was vol blydskap. Hulle het uitgesien daarna om weer met dié broer verenig te word, en die Here te loof! In sy afwesigheid het die hele gesin, ouers inkluis, die Here gevind en hulle is nou voltyds in sy diens. Die dissipels het seker ook so gevoel toe hulle hartseer en verslaenheid op hierdie Sondag deur die waarheid en die lig ingehaal is. Jesus is nie meer dood nie. Hy lewe weer! Die graf is leeg! Van die gelowiges het Hom gesien en aan Hom geraak! Uit die diepste duisternis het daar nou weer helder lig geskyn. Nou kan hulle weer vir Jesus persoonlik ontmoet en na sy Woord luister. En Hy het hulle belowe dat Hy met hulle sal wees tot by die einde van die wêreld (Matt 28:20). Hierdie belofte geld ook vir ons, en Hy tree vir ons in. (Rom 8:34). Paasfees gaan nie eintlik oor paaseiers en paashasies nie. Dit is wel simbole van nuwe lewe, maar die grootste nuus is dat Jesus weer lewe, en dat daar daarom vir ons ook sekerheid is. Ons dood is nie die einde nie. Dit is net die begin van ʼn nuwe hoofstuk. En ons sal ook weer lewe. Daar wag vir ons ook ʼn opstanding (Op 20:12).
515,781
Ek wonder of almal wat so ‘n magtige bohaai oor Oscar Pistorius opgeskop het nou nog ‘n groter bohaai hieroor gaan maak? Hierdie klink vir my baie erger as Oscar se saak!!!
515,782
Die Luiperds het Vrydag hul eindstrydplek bespreek deur die Valke in ’n naelbytstryd in Brakpan met 26-23 te klop.
515,783
Sy woning is 'n Nasionale Gedenkwaardigheid. Elke vertrek vertel jou iets van die mens Langenhoven, sy karakter en sy werke - elke deur open op 'n nuwe ontdekking. Arbeidsgenot se inhoud word noukeurig en met groot sorg bewaar. Die muurpapier in die gang is deur Langenhoven self ontwerp en beeld sy persepsie van Herrie se vel uit. Van die pragtige houtwerk in die huis is 'n voorbeeld van Langenhoven se ander handewerk.
515,784
In die eetkamer het Langenhoven saans op sy stoel voor die kaggel aangesit vir ete. Op dieselfde stoel, wat deur Vroutjie gemerk is, het hy ook baie maal gesit en skryf. Dit is hier, uit die hart en pen van C.J. Langenhoven dat die eerste drie strofes van Die Stem, voorheen die volkslied van ons land en nou deel van die nuwe volkslied, gevloei het – elke woord 'n uitdrukking van sy geloof in die land waarvoor hy so hartstogtelik lief was.
515,785
Langenhoven se sukses as skrywer het daarin gelê dat hy geskryf het oor die alledaagse dinge, dit waarmee die gewone mens hom kon vereenselwig.
515,786
In die sitkamer hang daar 'n pragtige foto van Engela as tienjarige – sy was die enigste, eie kind van Langenhoven en Vroutjie. Vroutjie het vier kinders uit haar vorige huwelik met Van Velden gehad. Op 'n tafeltjie in die sitkamer is die bekende Rubaiyat deur Omar Khayyam, wat deur Langenhoven uit Engels in Afrikaans vertaal is. Die kissie waarin die boek nou is, is deur Langenhoven self gemaak. Hy het ook self die manuskrip in leer gebind voordat hy dit aan Vroutjie as geskenk gegee het.
515,787
Die voorste spaarkamer is, nadat die Van Velden-kinders uit die huis is, deur Langenhoven verander in 'n studeerkamer, alhoewel hy nooit een spesifieke plek gehad het waar hy geskryf het nie. Hy het die vermoë gehad om selfs in 'n restourant, te midde van al die geraas te skryf. Hy was ook baie lief om in die tuin onder die Karoosipres te sit en skryf en later, nadat die boom gevrek het in 1927 se droogte, onder die bamboesbos wat hy ook self geplant het.
515,788
In die hoof slaapkamer staan 'n koperhemelbed wat vermoedelik gemaak was vir 'n Indiese Prinses, maar per ongeluk op Mosselbaai afgelaai is toe dit op pad was na Bombaai. Langenhoven het die bed op 'n veiling vir £12 (pond) gekoop. Die matras wat met klapperhaar gestop is, het heelwat probleme veroorsaak aangesien dit te swaar was vir Vroutjie om alleen te hanteer. Langenhoven het die matras laat opsny met drie panele bo sodat Vroutjie die makliker kon omdraai. Voor die bed is een van Vroutjie se Voortrekkerrokke wat sy met die eeufees in 1938 gedra het.
515,789
Daar word vertel dat Langenhoven soggens vieruur sy dag voor die swartstoof begin het, deur die aansteek van die stoof en die maak van sy eerste koppie swart Boeretroos van moer wat spesiaal die vorige aand deur Saartjie Karolus gemaal is.
515,790
Langenhoven is in 1932 in die ouderdom van 58 jaar en 11 maande aan hartverlamming in die voorste spaarkamer oorlede en is oorleef deur sy vrou, geliefde dogter en vier stiefkinders. Vroutjie is in 1950 oorlede en het Arbeidsgenot aan almal vir wie Afrikaans belangrik is, nagelaat. Arbeidsgenot is op 21 April 1955 amptelik as museum vir die publiek geopen. Gedurende 1989 – 1990 is die huis en die tuin volledig gerestoureer en baie sorg is aan die dag gelê om te verseker dat alles so na as moontlik aan die oorspronklike gehou word.
515,791
Nadat sy in 2007 aangekla is vir die moord op haar dwelmverslaafde seun, Abie, het Ellen Pakkies se opspraakwekkende verhaal die aandag van mense reg oor die wêreld getrek.
515,792
Die rolprent, wat in die innerlike psige delf van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe, is baie goed ontvang by die fees.
515,793
“Wanneer jy die rolprent kyk, besef jy dat Ellen nie ʼn bose of kwaadwillige mens is nie. Jy begin verstaan hoekom sy gedoen het wat sy het,” skryf die webwerf Film and Television Business, wat die rolprent met vyf sterre bekroon het.
515,794
The Stranger se Sean Nelson meen dat die fliek insae gee oor die ekonomiese omstandighede wat veroorsaak het dat Pakkies se seun verslaaf geraak het aan tik asook die ongelykhede wat in die strafregproses bestaan. “Dit is nie ʼn maklike fliek om te kyk of na die tyd te vergeet nie.”
515,795
Die draaiboek is deur Amy Jephta geskep met die hulp van die regte Ellen Pakkies se insette. Laasgenoemde het ook baie gehelp om die tonele in die fliek, wat in haar huis geskiet is, so outentiek as moontlik te herskep.
515,796
Buiten vir die indrukwekkende span agter die rolprent, spog dit ook met ʼn sterbelaaide rolverdeling en lof stroom in vir dié groep akteurs wat hulle so skitterend van hulle taak kwyt.
515,797
A: Ja, ons is 'n professionele vervaardiger spesialiseer in sweis Positioner sowat 15 jaar. Ons het 'n sterk ontwerp span vereistes van kliënte te voldoen.
515,798
A: Ja, ons is 'n professionele vervaardiger spesialiseer in sweis toerusting sowat 15 jaar. Ons het 'n sterk ontwerp span vereistes van kliënte te voldoen.
515,799
“Dis nog baie moeilik en seer. Ek moet nou op my werk konsentreer – dis die naweek Bastille-fees op Franschhoek. En ek het ’n dogtertjie by die huis. Ons moet aangaan.”