id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
515,600
“My man se ouers het tradisionele geslagsrolle vervul. Sy pa was die broodwinner en sy ma was die huishoudster. Ek dink dat sy pa soms sonder respek teenoor my skoonma opgetree het. Sy kon nooit haar opinie lug nie, en wanneer sy hom teëgegaan het, was die duiwel los. Voor ander mense het hy haar soos ʼn bediende behandel, en hoewel sy gedwee in sy skaduwee gestaan het, kon ek sien dat sy sielsongelukkig was.
515,601
“Onthou, jou kind sien dinge raak, selfs wanneer jy nie eens daarvan bewus is nie. Paulus het in 1 Korintiërs 4:16 oor sy eie lewe gepraat en vir sy lesers gesê: ‘Daarom spoor ek julle aan: Volg my voorbeeld!’ Kan jy dit vir jou kinders sê, ook wat die huwelik betref?”
515,602
Nog ʼn belangrike eienskap wat jy vir jou kind behoort te leer, is om te sê dat hy of sy jammer is. “Leer hom of haar om verantwoordelikheid vir sy/haar keuses te aanvaar. Moenie altyd vir iemand anders die skuld gee nie. En as jy die dag verkeerd is, sê dit. Sê jy is jammer en wees bereid om opreg daarvoor om verskoning te vra. Elkeen van ons maak foute en ons gaan ook in die huwelik foute maak, maar dit los ʼn klomp spanning op as jy in die eerste plek net jou foute erken.
515,603
Daar is kenners wat baie klem op emosionele intelligensie plaas. “Om angs te bestuur wanneer jy ʼn groot projek aanpak, om woede te bestuur wanneer jy deur huwelikskonflik werk, om vrees te bestuur wanneer jy vir ʼn werk aansoek doen — die vermoë van ʼn menslike wese om sy of haar emosies op ʼn gesonde manier te bestuur, sal sy/haar lewensgehalte op ʼn baie fundamenteler wyse bepaal as wat sy of haar IK dit sal bepaal. Sommige sielkundiges noem dit die EK, Emosionele Intelligensiekwosiënt.
515,604
Alles goed en wel, maar dit gaan nie help om vir jou laerskoolseuntjie ʼn ellelange toespraak te lewer nie. So, wanneer leer jy vir jou kinders hierdie eienskappe?
515,605
'n Musikant is nie noodwendig die beste kultuurleier nie, hoewel hy 'n onmisbare kultuurdraer is. Dit is een rede waarom daar redelik vinnig bestuursprobleme in sommige gebiede was, of die saak self nie so sterk soos dit moes, bevorder is nie. Dit kan ook wees dat in die gloedvolle oomblik van stigting so 'n betrokke liggaam nie genoeg gesonde oordeel aan die dag gelê het nie.
515,606
Die belangrikste is egter dat daar in die eerste vyf jaar streekbesture tot stand gekom het wat die eerste tree op die breë Boeremusiekpad gegee het en daarin geslaag het om die organisasie op die spoor te hou en dus op sy koers. En dit is naamlik om Boeremusiek in al sy vorms weer terug te bring na die Suid-Afrikaanse samelewing. Veral die ou gevestigde liefhebber van Boeremusiek kon sê sy musiekoor word weer reggeprikkel. Hy kan nou weer met sy voete dans eerder as met sy swaar agterstewe soos ander danse wil.
515,607
Dit is die blanke jong- hy het al so geleer om nie sonder die moordenaar op sy voorstoep klaar te kom nie.
515,608
’n Toestroming van gaste uit alle lae van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland.
515,609
Volgens die eienaar van die kafee, mnr Jaco Benson, is hy, sy vrou, Patrys, en ’n werker wat anoniem wil bly, Woensdagaand deur vier mans (almal met sykouse oor die kop) met pistole aangehou. Hulle wou ook sy vrou ontvoer.
515,610
“Hy het ook al die tjekboeke geneem. Ek wou nog aan ’n plan dink om hom oor die kop te moker, toe sy makker met ons werker die kantoor instap.
515,611
“Hulle het ons gedwing om al die sigarette in die winkelmandjie te pak. Die geld is ook in die mandjie gepak.
515,612
“Die booswigte wou Patrys met alle mag ontvoer, maar ek het mooi gepraat tot hulle skielik haastig geraak het. Ek het gesê dat ek sal saamgaan, sy gaan nêrens alleen sonder my nie.
515,613
Ingeligte staatsamptenare glo Pravin Gordhan, minister van finansies, se weiering om twee waarborge deur die tesourie te teken – een vir ’n R1 000 miljard-kernkragprojek en een vir ’n R5 miljard-lening vir die SAL – lê aan die hart van die pogings van pres. Jacob Zuma om hom uit sy amp te verwyder.
515,614
Hoewel die klagte teen hom uiteindelik kan misluk, moet hy in ’n onhoudbare posisie geplaas word en gedwing word om te bedank. Selfs sy grootste ondersteuner sal saamstem dat dit nie wenslik is om ’n strafregtelike ondersoek na ’n minister van finansies te hê nie.
515,615
Van Rooyen het onlangs ’n voorlegging oor die SAID aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee gedoen en het oor die naweek vir Gordhan aangespoor om met die Valke saam te werk.
515,616
3. Daar sal dan blitsvinnig van die nuwe minister van finansies verwag word om twee stukkies papier te teken: die staatswaarborge vir kernkrag en vir die SAL.
515,617
Zuma jr. en sy vriende sal uraan produseer terwyl Suid-Afrika – toevallig – Russies geborgde kernkragaanlegte bou wat uraan nodig het om te funksioneer.
515,618
Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het in September 2014 die transaksie byna beklink toe sy ’n geheime ooreenkoms met Rosatom in Wene onderteken het wat Suid-Afrika daartoe verbind om ’n kontrak met Rusland te sluit.
515,619
Gordhan het tot dusver geweier om ’n R5 miljard-waarborg vir die SAL te onderteken voordat ’n nuwe raad en beheerstruktuur vir die beleërde lugdiens aangestel is. (Vrydag is Zuma se nabye vertroueling Dudu Myeni weer aangewys as SAL se voorsitter en de facto- uitvoerende hoof.)
515,620
In ’n gesprek verlede Vrydag met die personeel van die tesourie het Gordhan die saak teen hom direk verbind met die “aanval” deur die Guptas. Hulle val my aan oor wat julle daagliks doen, het hy glo gesê.
515,621
Die vraag kan ook gevra word waarom brig. Nyameka Xaba, die hoof van die Valke se eenheid vir misdade teen die staat, aan die spits is van ’n ondersoek na sake wat in wese administratief is en die vroeë betaling van ’n pensioen, wanneer hy argumentshalwe ’n ondersoek na beweerde staatskaping deur die Guptas sou kon loods.
515,622
Afronding: Skep in bakkies en skep die botterskorsie bo-op. Breek die fetakaas oor, drup ’n bietjie olyfolie oor en rond af met die kruieblare. Sit dadelik voor.
515,623
Met ’n kombinasie van humor, erns en nostalgie neem Onderweg die gehoor op ’n musiekreis met liedjies in verskillende tale geskryf deur onder andere Brel, Brecht en Koos du Plessis – natuurlik ook van Jannie se eie liedjies en dié wat hy saam met Christa Steyn geskryf het. Die teks vir Onderweg is geskryf deur bobaasverteller PG du Plessis en die regie is waargeneem deur Emma Bekker.
515,624
’n Laserskyfstel bestaande uit ’n dubbel-CD en DVD asook ’n koffietafelboek oor Jannie se musiekstorie word by die konsert te koop aangebied.
515,625
Paastyd is ‘n tyd om ’n nuwe begin te maak en om te vergewe en te vergeet. En dis presies wat die nuutste uitgawe van Kuier vir almal bied. @elanaafrika spog met haar nuweling en vertel watter voorreg dit is om nou twee prinsessies te hê. Op bladsy 10 deel Natalie Martin as ’n voormalige dwelmverslaafde haar getuienis om aan almal weereens te bewys dat jy kan verander as jy wil.Die ware lewensdrama op bladsy 16 is ook ’n bewys aan baie dat as jy vrede maak met ‘n situasie, jy weer heel aan die ander kant kan uitkom. Ons spog ook met lekker inspirasiestories wat jou dié langnaweek aan die lees sal hou. Kom ons vier die Paasnaweek lekker deur die heerlike resepte wat ons voorhou, te probeer. Kry joune vandag sodat jy nie uitmis nie.
515,626
In Christien Neser se nuwe boek, Pienk is nie vir sissies, is die hoofkarakter ‘n willewragtig op ‘n bergfiets wat haar doodgril vir pienk! Sy het net een doelwit en dis om stof in die seuns se oë te ry. Ons het vir die skrywer van hierdie nuwe lekkerlees-materiaal vir tienerseuns én –meisies ‘n paar vrae gevra.
515,627
Dis ‘n boek oor identiteit. Wie is ek? Nicci was ‘n passievolle danseres, maar is telkens oorgesien vir die hoofrolle. Op ‘n mooi dag gooi sy haar balletskoene weg. Sy sweer alles wat pienk is af en begin bergfietsry saam met die seuns. Haar nuwe identiteit is dié van vreeslose jaer. Totdat sy op ‘n dag van haar fiets beroof word en baie seerkry in die proses. Die vraag is nou: Wie is Nicci sonder haar fiets? En wat maak jy as jy uitvind wie die skuldige is?
515,628
Glad nie. Nicci se boesemvriend is Godfrey Tshuma. Hy en sy suster het saam met haar danslesse geneem toe hulle jonger was. Nou ry hulle saam fiets. Maar terwyl Godfrey altyd daar is om te troos as Nicci se wiele afkom, het sy net oë vir die blonde Evan… Die fietsrykultuur kom baie sterk na vore. En enige seun met ‘n passie vir sy fiets, sal beslis met die storie kan vereenselwig.
515,629
1) Doen wat jy kan met wat jy het. 2) Moenie ‘n tropdier wees nie: Wees jouself. 3) Daar’s net een van jou gemaak. Wees die beste weergawe van die model.
515,630
Ouerskap gaan fundamenteel daaroor om God te ken en nie jou kinders nie. Ken eers die Woord, dan sal jy ʼn ouer kan wees.
515,631
Gen 1:26-28 God beveel Adam en Eva om die aarde met kinders wat na Sy beeld geskape is te vul. God se beeld is Sy heerlikheid. Jesus is die perfekte beeld van God (God se morele heerlikheid wat Adam nie kon wees nie). Die mens reflekteer hierdie beeld wanneer hy soos Christus is (liefde, haat die slegte, bewys genade, ens.) Die sonde maak dat die mens nie die beeld van God reflekteer nie, maar eerder die beeld van die duiwel wat die prins van die wêreld is.
515,632
Leer hierdie waarhede vir jou kinders oor en oor en oor (ook wanneer jy dissiplineer), want menslik wil ons altyd God se redding verdien. Hoekom probeer ons steeds altyd diep in ons harte God se guns verdien?
515,633
- Hoekom het God vir my kinders gegee? Dit gaan nie oor my nie of hoe hulle my laat lyk nie. Dit gaan nie eers oor my kinders nie en of hulle gelukkig is nie.
515,634
Die Protea-afrigter, Gary Kirsten, het besluit om nie sy twee-jaarkontrak as afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan te hernu nie.
515,635
Kirsten het gesê hy wil meer tyd aan sy jong gesin spandeer, en het die krieketowerhede bedank vir die buigsaamheid wat aan die dag gelê is om meer tyd saam met sy gesin te spandeer. Kirsten was ‘n hoogs suksesvolle afrigter van Indië voor hy die Proteakontrak syne kon maak, en was ook ‘n voormalige aanvangskolwer van die Proteas.
515,636
Onder Kirsten se afrigtingskap het die Proteas die top toetsland ter wêreld geword. Die span kon in 15 agtereenvolgende toetse nie geklop word nie, en is in 2011 laas deur Sri Lanka in ‘n toets afgestof. In die ander kodes is dieselfde sukses egter nie behaal nie.
515,637
Dit is ‘n groot slag vir Suid-Afrikaanse Krieket, Krieket SA moes regtig harder prober het om hom oor te haal om ten minste vir nog twee jaar aan te bly. Is die meer tyd met st familie regtig die rede hoekom so ‘n suksesvolle afrigter nie sy kontrak hernu nie?
515,638
Luk 24:50-53 Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
515,639
Yu Hua, ʼn woordvoerder van die People’s Park, het gesê die dieretuin is vir die afgelope paar jaar deur ʼn private sakeman bestuur wat dit jaarliks huur vir R 170 264.
515,640
Die wag het op Donderdag, 3 Junie, vlugtig in die hof verskyn,waarna hy vrygelaat is. Die saak word steeds ondersoek.
515,641
jy my vra is hier alweer n slang in die gras. die lyk vir my alweer na n opkawer storie sodat die weer kan weg kom
515,642
Ons haak die Xcape en toets hom oor 3 000 km, van Kaapstad tot die klipperige agterpaaie van die Wildekus en terug.
515,643
Soos met die meeste boswoonwaens is die kombuis links, maar met die uitslaanbed wat uit die regterpaneel platslaan en nié oor die A-raam oopmaak nie.
515,644
Wanneer jy opslaan, moet jy die hoekstutte eers uitdraai, die bed platslaan en dán die opwipdak lig.
515,645
Hulle bêreplek is bo die A-raam waar dit teen die romp vasskroef. Hierdie stutte lyk soos ’n domkrag met ’n slinger aan die bokant. Soos jy die slinger draai, lig ’n arm aan die kant van die hoekstut. Die stutte het elk ook ’n los voetjie, en dié bêre jy net onder die stutte.
515,646
Die stutte se arm pas elk in ’n vierkantige buis in die romp van die wa. Twee van hulle pas agter op die hoeke en die derde een voor, regoor die neuswiel.
515,647
’n Langwerpige tentsak hang in die lengte bo teen die regterpaneel met die bed wat onder dit uitslaan.
515,648
Die uitslaandak – wat opgevou in die tentsak is, slaan oop oor die bedgedeelte om die son en reën weg te keer van die kooi af. As jy die dak wil uitslaan, moet jy dit doen voor jy die bed gereed kry, anders kom jy nie by nie.
515,649
Die seildak het ’n aluminiumbalk op die punt en staan op verstelbare tentpale wat ’n mens met toue anker. Nóg twee pale – ook verstelbaar, swaai aan die kant van die balk uit en verleng tot teen die romp. Hierdie pale span die seil netjies en keer dat ’n dam op die dak vorm ná ’n reënbui.
515,650
Die bedblad is 83 cm breed en hang aan vier kabeltjies wanneer jy dit platslaan. Die kabeltjies is aan die binnekant van die romp vasgebout.
515,651
Die soom van die tent wat oor die bed span, trek oor die rand daarvan en trek met ’n rek vas wat in die soom is.
515,652
Dis genoeg om die goggas uit te hou, maar daar is tog ’n smal gaping waar die twee blaaie las – ’n plek waar ’n lastige muskiet kan in. (Om die dak oor die bed verder te span klim jy in die wa).
515,653
Twee ewe groot kaste is regs van die uitslaanbed en bo mekaar. Dis gawe pakplek vir die grondseil, ’n skotteltjie of groot potte. Die battery staan in die onderste kas en neem omtrent die helfte van die ruimte op.
515,654
’n Handstort is agter ’n kleiner deksel bo die twee kaste en het ’n verlengstuk as jy die Xcape se los storttent saamry (die storttent kom standaard saam met die Xcape).
515,655
Die opwipdak knip buite bo-op elke hoek met ’n trekknip los. Vir ’n sesvoetmens kan die knippe net-net te hoog wees om by te kom. Voor jy jou skouer uit sy potjie trek soos jy strek, klim op die pypraam wat van die wiele af vorentoe tot by die A-raam strek.
515,656
Dis die wa se bosbreker en stewig genoeg om jou gewig te dra. Ongelukkig is daar nie een aan die agterkant nie. Jy sal dus ’n drietrapleertjie moet saamry om dié knippe by te kom.
515,657
Die blad se verste kant – die uittrekgedeelte – is smaller as die binneste deel (175 cm en 204 cm). ’n U-raam slaan op by die punt van die bed om die seil bo die bed te span.
515,658
’n Verstelbare tentpaal pas op elk van die hoeke wat teen die romp van die wa vasdruk om die seil te span. Dié dak oor die bed is laag (55 cm) en ’n mens kan nie regop op die bed sit nie.
515,659
As jy dus maklik benoud raak in ’n beknopte ruimte, kan die lae dak dalk pla. As ’n reël klim ’n mens kop eerste in op dié soort bed, maar in hierdie geval is dit beter om met jou kop na die binnekant van die wa te slaap.
515,660
Vir ouer en groter mense kan dit ongerieflik wees, want jy moet op die bed klim en jou voete verbyswaai sodat jy jou lê kan kry.
515,661
Die kombuis is agter twee groot deure wat soos skuurdeure oopslaan. Die een blad maak oop na jou toe: die werkblad. Die boonste deur slaan op en maak ’n dakkie oor die onderste blad.
515,662
Die kombuislig is in die middel van die boonste deur vasgesit. Dis ’n LED-lig wat oor die werkblad skyn. Die blad is groot genoeg (136 x 50 cm) sodat twee mense kan kosmaak, en net soos met die bed stut ’n verstelbare tentpaal die blad op elke hoek.
515,663
Die deur van die wa maak oop tot by die gasstoof en vorm ’n toevallige windskerm. Buiten dat die stoof omtrent ’n derde van die werkblad beslaan, is dit nogal lastig om elke keer die gasstoof te ontkoppel as jy byvoorbeeld die kombuisdeure vir pestilensies soos blouape moet toemaak.
515,664
Agter die stoof is plek ingeruim waar speserybotteltjies op hulle sy kan lê, en die rakke bo dit is ’n gawe plek vir vrugte, beskuit, die suikerpot en malvalekkers. Jy pak jou wynbottels in die boonste rak waar dit in sponsrubber met holtes pas.
515,665
Links van die gasstoof is ’n kraan waarvan die tuit tot oor die blad kan swaai – hier kan jy ’n los skotteltjie voltap. Vir die groter kruidenierswarehouers is daar plek in die drie groter rakke links agter die blad.
515,666
Die koppies-en-bordelaai trek in die middel hiervan uit. Bêre die oorskietkos op die boonste rakkie, want die agterkant is ’n seildeurtjie wat jy van binne kan wegrits as jy laatnag aan iets moet peusel.
515,667
Onder in dié kantse kas – langs die kraan – is ’n multiprop met plek vir drie proppe. Die ys-vrieskas is, soos in dié geval, ’n SnoMaster wat links van die blad uit die romp trek. Die vrieskas se deure slaan na links oop – uit die pad wanneer jy iets uithaal. Maar só sit die vrieskas se digitale paneel op die punt aan die romp se kant waar ’n mens dit nie kan lees nie.
515,668
Op sy beurt is dié kant ’n praktiese 56 cm breë bankie. Dit het deurtjies onder die matras waar ’n mens items wat jy nie dadelik nodig het nie, kan wegpak – van ekstra blikkieskos en leesboeke tot die nooddriehoeke en wielmoersleutel.
515,669
Soos jy op die bedbankie sit, is die kaste met die grootste ruimte dié regs teen die muur by die A-raam.
515,670
Die smuktafeltjie is links van dié kaste in die hoek met ’n klein muurspieël agter dit. As jy op die bed sit, moet jy effens vorentoe buk om jou gesig hierin te sien.
515,671
Hier is ’n 220 V-prop links van die blad (nog ’n prop is links van die bankie en een bo die matras by die koppenent.) Voor die bankie is ’n regop kas met ’n paar rakke – net die plek vir ekstra klere, handdoeke en linne.
515,672
Ligte in die wa is skaars. Hier is net een in die middel van die opwipdak. As jy dus reeds ingekruip het, kan jy dit nie bykom nie. Die lig het ’n helder witligverstelling en skyn ook ’n beskeie blou kleur as jy nie in die bui is vir ’n spreilig nie.
515,673
Die kragboks se paneel sit by die trappie van die deur en bo dit is ’n rits seilsakkies vir kleiner items soos sonbrandroom en die vuurhoutjies.
515,674
Wie van ons ken nie hierdie toneel nie: Die kleinspan het tot laataand gespeel en rondgehardloop en nou sukkel jy met ’n kind wat nie sy ogies kan oopkry om betyds vir skool gereed te maak nie.
515,675
“Jare se werk met ouers wie se kinders moeilike gedrag openbaar, het my oortuig dat die eintlike oorsaak van die gedrag ’n gebrek aan slaap is,” sê Mary Sheedy Kurcinka, ’n Amerikaanse opvoedkundige en skrywer van die boek Sleepless in America: Is Your Child Misbehaving or Missing Sleep? (Harper Collins).
515,676
Dit kan veroorsaak word deur spanning, ’n misgeloopte middagslapie, opgewondenheid oor iets wat voorlê, ’n verandering in roetine of te veel dinge wat met slaaptyd om hulle gebeur.
515,677
"Liefdevolle interaksie gee jou kind ’n buffer teen die dag se stres. Wanneer julle die dag rustig begin en nie jaag nie, laat jy jou kind ook toe om behoorlik te ontwaak en sy dag kalm en sonder spanning te begin, wat ’n invloed op sy hele dag gaan hê.”
515,678
Jul roetine sal wel verander namate jou kind groei, maar as jy hom goed genoeg dophou, sal jy agterkom wanneer dit tyd is om die middagslapie te laat vaar en of hy dalk ’n korter of langer dagslapie nodig het.
515,679
Jou kind moet ook voel sy slaapkamer is sy hawe. Of hy dus nou by julle in die kamer slaap of in sy eie slaapkamer, moet dit kalm en rustig wees.
515,680
Verwyder dinge wat sy aandag kan aftrek en hou dit netjies. ’n Sagte bedlampie is altyd vertroostend.
515,681
Gaan lê saans met slaaptyd saam met hom op sy bedjie, lees ’n storie of sing vir hom en laat hom ontspan.
515,682
Sommige kinders moet lank voor slaaptyd al begin ontspan, ander het minder tyd nodig. Jy sal wel jou kind se voor­ en afkeure oor ’n tydperk begin opmerk.
515,683
’n Baie sensitiewe kind kan dalk ontstel word deur ’n vurige gesprek tussen ma en pa oor die rugby, of ’n kind wat moeilik aanpas moet deur jou gelei word om te gaan slaap en wakker gemaak te word.
515,684
Kyk wat vir julle werk – as jou kind sy middagslapie laat vaar en teen sowat 18:00 nie in ’n slegte bui is nie, is dit in orde. Anders moet jy hom maar dwing om in die middae ten minste net ’n bietjie te gaan lê.
515,685
Hulle is die kinders van seker die planeet se mees geseënde egpaar wat genetika betref, en die wêreld kon nie wag om te sien hoe hul tweeling lyk nie. En nou, net mooitjies ’n jaar ná hul geboorte, kry ons hulle die eerste keer te sien.
515,686
Daar was al hier en daar ’n glimpie van Alexander en Ella Clooney, maar hier is hulle eindelik duidelik vasgevang deur die kameralens. Olyfkleurige velletjies, donkerbruin babakrulletjies en die oulikste gesiggies – is hulle nie te pragtig nie?
515,687
George (57) en Amal (40) Clooney het tot nou toe nog baie seker gemaak die alomteenwoordige paparazzi neem nie hul kleingoed af nie, maar as jy so beroemd is soos hulle, sal jy dit nie vir altyd regkry nie.
515,688
Die akteur en die internasionale menseregteadvokaat is afgeneem waar hulle op die sondeurdrenkte Italiaanse eiland Sardinië aankom. Elk het ’n kaalvoetkindjie onder die blad gehad toe hulle afstap van hul privaat straler.
515,689
Mamma het – soos altyd – soos ’n model gelyk in haar wit frokkie en turkoois klokbroek met bont blomme, so reg uit die tyd van die hippies.
515,690
“Ek weet nie wat julle ouens gedoen het nie, maar toe ek by die huis kom, het hulle ’n bottel drank beetgehad.
515,691
“George het ’n skreeusnaakse storie vertel van hoe hy en Amal die toiletdeksels moet toehou vir die tweeling se onthalwe, en toe begin hy sy vriende foto’s van hulle wys,” het ’n gas vertel. Die Hollywood-hartebreker gebruik selfs ’n foto van die tweetjies as die agtergrondprent op sy selfoon.
515,692
“George het gespot dat die babas soos modelle is en hy nooit vir hulle hoef te wys hoe om te poseer nie, want hulle doen dit so natuurlik. Hy klink na die trotsste ouer in die wêreld en kon net nie ophou foto’s wys of oor hulle praat nie.”
515,693
Weer was Amal in die kollig, maar dié keer nie oor haar uitrusting (’n glinsterende kaalskouertabberd van Prada) nie; sy het ’n toespraak gehou voor haar man se prys aan hom oorhandig is – die filminstituutprys vir sy lewensbydrae. Dit is die hoogste eer vir ’n loopbaan in die rolprentbedryf.
515,694
En ondanks die feit dat sy ’n topadvokaat is wat al sake in howe oor die wêreld heen behartig het, het Amal taamlik senuagtig gelyk toe sy na die podium stap.
515,695
Maar toe sy eers begin praat, was almal se oë op haar vasgenael, veral dié van haar man, wat mateloos trots op haar gelyk het. Vir die eerste keer het die wêreld ’n kykie gekry van haar liefde vir haar aantreklike man.
515,696
“Op ’n manier is dit makliker om ’n hof toe te spreek oor ’n aangehoudene as om oor my man te praat soos ek vanaand vir die eerste keer doen.”
515,697
“Ek kon nie slaap wanneer ons apart was nie, en mense het vir my gesê ek kantel my kop op ’n sekere manier en kry so ’n glimlaggie wanneer ek sy teksboodskappe of die briewe lees wat hy in my handsak weggesteek het.”
515,698
George (heel links) op die stel van die TV-reeks Catch-22, gegrond op die boek deur Joseph Heller. Hy vertolk die hoofrol.
515,699
Dis vyf jaar sedert die twee mekaar op ’n partytjie ontmoet het wat die Ocean’s 11-ster by sy huis langs die Comomeer in Italië aangebied het. ’n Halwe dekade en twee kinders later het niks verander nie, het Amal gesê.