id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
515,400
Om in ’n vergadering op te staan en te sê: Nee, so ’n besluit sal verkeerd wees, om die koninkryk te laat kom deur ’n glimlag, ’n bemoedigende woord, ’n drukkie op die skouer, ’n dankie – of deur ’n petisie te teken of in die strate te gaan betoog is alles net maniere om uitdrukking te gee aan dáárdie begeerte. Gebed is veral ’n hele lewe wat op God gerig is, ’n lewe wat na Hom hunker, ’n lewe wat honger en dors na sy geregtigheid5. Beleef jy iets daarvan? Dan bid jou gees reeds tot God. Uiteindelik is gebed die werk van God, nie van ’n mens nie – sy Gees is die Een wat hierdie dinge in ons werk, wat ons hart na Hom toe draai, wat ons transformeer tot ’n nuwe mens-wat-God-se-wil-soek6, wat in ons kom bid en roep: Abba, Vader!7 Hy roep in ons tot God met “onuitspreeklike sugtinge” en tree vir ons in ooreenkomstig die wil van God8. Gebed is God wat met God kommunikeer deur my – en ék is die instrument wat daardeur geseën en totaal en al verander word. Wat ’n voorreg! VK#1 Bladsy 1
515,401
Gebed is nie ’n saak van die verstand nie, maar ’n saak van die hart. Die doel is nie om gebed beter te verstaan nie, maar om gebed beter te doen. Hoe leer ons meer oor gebed? Nie in ’n boek of kursus nie – ons leer meer oor gebed deur meer te bid. Die doel van hierdie kursus is om ons dáártoe te inspireer: om te bid – en om ons in die vryheid van gebed, nie gebondenheid nie, in te lei.
515,402
Ek het Jenny eerste ontmoed toe sy n bridesmaid was vir haar vriendin se troue, en ek moes die hele tyd net se: WOW!!! Sy is beeldskoon!!!! Vandag voel Jenny soos my vriendin, en toe ek hoor sy het verloof geraak, het ek dadelik gese; Jenny ek doen jou make up!!!!!! Ek is altyd baie...
515,403
Vier lynbestuurders van Sun Citrus het onlangs die voorreg gehad om 'n week in Engeland te spandeer, op uitnodiging van MMUK. Die besoek was moontlik gemaak deur 'n borgskap van Colors en die manne het selfs 'n donasie van ABSA gekry om 'n warm baadjie aan te skaf vir die koue - hulle was baie bly oor die warm baadjie aangesien hulle gelukkig was om selfs sneeu te beleef!
515,404
Waar jy val op die spektrum van handel, gaan motivering bepaal wat jy soek in ' n binêre opsie makelaar. Aandelemarkdiagram word gewild in die eeuse eeuse e- bin- handel- demo- rekening, dat jy van hoogs effektiewe e- kommissie- gratis etf- lys gebruik kan maak.
515,405
Nadat sy groot liefde op die Noord-Wes Universiteit hom aan die einde van sy finalejaar afsê, is Abel Alberts baie teleurgesteld. Hy vertrek op ‘n Europese toer, wat hy as prys vir die beste student in Argeologie, aan die einde van sy finalejaar van die universiteit ontvang, en ontmoet die pragtige Annourette Vermeulen in Parys en ‘n bietjie later ook vir Carli, haar tweelingsuster. Hy raak op albei susters verlief oor hulle eie kwaliteite, terwyl Sunet steeds sy gedagtes soms omvergooi. Die vraag in sy gemoed is: “Wie sal uiteindelik my trou-vrou wees?”
515,406
Desember is ’n maand van vrygewigheid, samesyn en bederf. Families kom saam en almal ontspan na die rowwe jaar wat verby is. Vir kinderhuiskinders, wat na ’n liefdevolle normale gesin van hulle eie verlang, bly die lewe egter altyd ’n uitdaging…
515,407
Jy en jou geliefdes kan hierdie feesseisoen help om vir die 210 inwoners van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria ’n beter 2019 te verseker én nog boonop pret hê ook, veral as Jan Tuisbly se karretjie julle voorland is en jy ’n aksieplan nodig het om jou kroos te vermaak.
515,408
Vanaf 1 tot 31 Desember 2018 kan Gautengse gesinne, vir die negende agtereenvolgende jaar, ’n toweragtige skouspel van die mooiste Kersfeesliggies en Suid-Afrikaanse musiek kom ervaar, ten bate van dié geliefde Kinderhuis wat baie afhanklik is van borgskappe en fondsinsamelingsprojekte, soos die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, vir sy voortbestaan.
515,409
Buiten vir die musiek, sal daar ook elke aand die geleentheid wees om miljoene Kersfeesliggies te bewonder en ook om verskeie kos- en kersmarkstalletjies te ondersteun. Kinders kan ook gereed maak vir opwindende treinritte, en ’n draai of twee op die mallemeule of perdjies.
515,410
Dié staking het reeds gister ’n groot invloed op onderwys in dié provinsie gehad toe onderwysers wat lede van die SAOU is, by die huis gebly het.
515,411
Sprekers het die aanbod om die maandelikse behuisingstoelae van R620 tot R630 te verhoog – terwyl werkers ’n toelae van R1 000 vra – as die “voertsek vir ’n shanty-toelae” beskryf. Die ander eise van die werkers is steeds dieselfde – ’n salarisverhoging van 8,6% terugwerkend tot 1 April en werkers moet dieselfde subsidie vir siekefondse ontvang.
515,412
Van die werkers word verwag om elke oggend ’n pak klere en ’n das werk toe te dra omdat hulle professioneel is, maar waar is die geld om dit te doen?
515,413
Ons kan dus sê lof is dit wat ek bring as ‘n offer aan God, bloot omdat hy waardig is. Dit word deur my ingestel. Aanbidding is my natuurlike reaksie op dit wat God vir my gee/bring/wys van wie Hy is. Dit word deur God ingestel.
515,414
Welkom by my amptelike webwerf! Hier kan jy sien waar ek ooral optree, luister na my nuwe liedjies, en uit vind oor nuwe nuus!
515,415
God sê ons moet met Hom daaroor praat. En wat gaan Hy dan doen? Hy gaan met jóú praat. Jy kan nie al die verantwoordelikhede op Hom afskuif nie. God gaan vir jou sê om so ’n paar goedjies eers self te doen. Ons dink so dikwels ons het nou gebid oor iets en dan is dit dit. Wanneer ons egter met alles – soos God vir ons vra – na Hom toe gaan, praat Hy met ons. Ons moet luister na wat Hy vir ons sê, want Hy gee dikwels vir ons die antwoorde. Dit bly dan egter óns verantwoordelikheid om dit wat Hy vir ons gesê het te gaan doen.
515,416
So, volgende keer as jy met ’n wavrag dinge na God toe gaan, bly ’n bietjie langer by Hom. Wag vir die antwoord, luister vir sy leiding. En gaan doen dit dan.
515,417
Enigste verskil hulle (die korrupte poliesmanne) is gevang die keer. Daar is meer korrupte poliesie manne as nie – korruptes en nou word almal oor die selfde kam geskeer. Jammer vir die goeie manne in blou.
515,418
Nee wragtag! Asb. Kom ons vergeet van nepotisme, ras en werk skepping – stel mense met integriteit aan ons land gaan ten gronde – in alle wetstoepasing instansies – asb!!
515,419
Du Plooy voer aan hy het glo skote afgevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.
515,420
Ek kan nie anders as om kommentaar te lewer nie, dit is so hartseer, as ons hierdie gewaldadige betogings stop sal sulke insidente nie gebeur nie, 15 jaar en neem deel aan ‘n betoging oP 15 was my prioriteit skool. Hierdie 15 jarige kind is toegelaat om aan ‘n geweldadige optog deel te neem, die kinders word verkeerd geleer jy kan nie kwaad met kwaad vergeld nie, ek kry vir Jaco jammer dat hy deur hierdie ding moet gaan, en sy eerste instink was OM TE BESKERM!
515,421
Jy wéét sonder twyfel dat jy in ʼn Piesang Republiek bly, wanneer ʼn sogenaamde “Regstaat” aanvoer dat borgtog geweier moet word omdat dit “OPENBARE ORDE GAAN VERSTEUR”
515,422
5 Mei 2016 Luk 24:50-53 Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het […]
515,423
Bloemfontein Baptiste Kerk hou hierdie jaar ‘n uitgebreide Pinkster. Ons gaan verskeie dienste en aksies hê gedurende hierdie tyd met ‘n sterk klem op die tema van die Heilige Gees. […]
515,424
28 Mei 2017 Rom 8:29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie […]
515,425
14 Mei 2017 Johannes 4:23-24 Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die […]
515,426
7 Mei 2017 Efesiërs 4:12-13 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons […]
515,427
14 April 2017 Kol 2:14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. […]
515,428
Sjoe, Annie, dis “bleak”, al gaan dit oor die donkerte van balps wat geblaas soos die mense in die bar is (steeds op soek na ‘n Afrikaanse woord vir “bleak”). Kringe in ‘n baardbos. Ek hou van hoe die teenwoordigheid van diere verwys na die oorspronklike betekenis van “krip”, asook die dubbelsinnigheid van “geblaas”.
515,429
Die Matteusevangelie is gedurende 'n periode van konflik tussen die Matteusgemeenskap en mede-Jode geskryf met die Fariseërs in 'n leidende rol. Die Matteusgemeenskap het van dieselfde geskrifte as hulle opponente gebruik gemaak. Hulle was steeds aan die Torah lojaal, maar het 'n unieke interpretasie daarvan gehuldig, gebaseer op die onderrig van Jesus. In hierdie artikel word die vorming van die Matteusgemeenskap ondersoek met inagneming van die Mediterreense beskouing van groepgeoriënteerde gemeenskappe wat tipies van die eerste eeu was. So 'n groep het aan individue 'n bewustheid van eie waarde verskaf te midde van 'n interaktiewe ondersteuningsisteem waarin liefde as samebindende faktor gefunksioneer het. Ondergeskiktes het onverdeelde lojaliteit teenoor hulle meerderes betoon vanweë die gunste wat hulle van die meerderes geniet het, terwyl hulle mekaar onderling ondersteun en versorg het, soos wat hulle na hulleself sou omsien. Deur die dubbele liefdesgebod van Matteus 22:34-40 vanuit hierdie perspektief te lees, kom betekenisvolle aspekte van die gemeenskap se identiteit na vore ten opsigte van hulle toewyding aan God en hulle beskouing van hulle naaste.
515,430
Livingstone Villa oortref alle verwagtinge van gerief met die mooiste uitsig vir ontspan en rus vir die hart en siel.
515,431
Dit is 'n pragtige huis met die mees asemrowende uitsig vanaf al die vertrekke. Die huis is stylvol, skoon en alles waaraan jy kan dink is beskikbaar. Verseker 'n besoek werd.
515,432
Dankie Janie vir jou pragtige kort en kragtige resensie. Dit word opreg waardeer. Ons het julle besoek geniet en hoop regtig ons sien julle weer.
515,433
As 'n mens daar aankom en jy parkeer dan lyk dit nie soos die foto's nie. Vir 'n oomblik raak jy bekommerd, maar dan klim jy die trappies na die voordeur. As jy by die deur staan en deur die glas kyk, dan val jou kaak oop. Elke deel van die villa is stunning met onnodige vlakke van attention to detail. Daar is nie 'n convenience in die huis wat nie oor gedink is nie. Elke stukkie kombuistoerusting wat bestaan is daar, die hele plek is vol gaskaggels, die meubels is gemaklik en pragtig, die beddens is enorm en super gemaklik, en só kan 'n mens aangaan. ...
515,434
As 'n mens daar aankom en jy parkeer dan lyk dit nie soos die foto's nie. Vir 'n oomblik raak jy bekommerd, maar dan klim jy die trappies na die voordeur. As jy by die deur staan en deur die glas kyk, dan val jou kaak oop. Elke deel van die villa is stunning met onnodige vlakke van attention to detail. Daar is nie 'n convenience in die huis wat nie oor gedink is nie. Elke stukkie kombuistoerusting wat bestaan is daar, die hele plek is vol gaskaggels, die meubels is gemaklik en pragtig, die beddens is enorm en super gemaklik, en só kan 'n mens aangaan. Die view van die see is stunning en die gedruis van branders is kalmerend, maar dis vêr genoeg weg van die strand dat die wind amper niks waai nie. Dis die perfekte stoep om om die sit en rus, maar dit werk net so goed vir kuier. Met die snelweg is dit nie ver van George nie en daar is oulike eetplekkies so te sê in die straat af. 100% aanbeveel.
515,435
Baie dankie vir jou ondersteuning en opregte, eerlike en wonderlike resensie van ons Villa. Ons waardeer dit regtig opreg.
515,436
Ek sal Livingstone Villa aanbeveel vir enige lekker rustige en luukse wegbreek. Die plek is smaakvol, stylvol en gerieflik ingerig. Hulle het aan alles gedink om jou tyd so gemaklik as moontlik te maak. Mariaan is 'n uitstekende skakel in jou verblyf aangesien sy presies weet wat belangrik is vir haar gaste! Baie dankie!
515,437
Branders wat jou aan die slaap sus in die aand en voëltjies wat jou vroeg dag laat voel of jy in 'n paradys is.
515,438
Moosa het gesê ten spyte van die feit dat die man die meisies as ʼn pa liefgehad het, het hy hul vertroue geskend. “Die beskuldigde het tydens die verhoor geen berou getoon nie. Hy het sy stiefdogters behandel asof hulle sy vroue was en gereeld seksuele omgang met hulle gehad,” het Moosa gesê.
515,439
Sluit sommer die ma ook toe asb, Slapgat as jy my vra.. Gelukkig sal sy nooit n verhouding met haar dogters he nie en sy verdien dit ook nie.
515,440
Ek stem die ma moet ook sommer aangekla word want hoe kan n regdenkende moeder so iets toelaat?? Ek se sluit hulle al2 toe en gee hulle elkeen sommer 4 keer lewenslank tronkstraf en sommer nog n 4 keer lewenslank tronkstraf in hulle volgende lewe! Sies!! Kry hulle nie skaam nie?!!Mag hulle gewetes hulle vir lewenslank jaag vir wat hulle as ouers aan die arme dogters gedoen het! Mag die 2 dogtertjies berading kry om hierdie trauma te verwerk.
515,441
Mooi vir die regsmense wat opstaan vir die kinders. Ek wonder of die dame wat se nonsens, dit kan nie wees. Dame weet jy hoe groot vrees kan kinders vir ouers he wat geweldadig is? Vir die ma: Jy is siek in jou koppie. Sluit jou toe en smyt die sleutel weg. Die stiefpa kan maar swing.
515,442
My hart bloei vir hierdie kinders. Hulle verdien soveel beter as ‘n vark vir ‘n stiefpa en ‘n ma wat geen ruggraat het nie. Ek is so jammer vir julle! Gee daai slegte man vir my ek sny af wat pla!
515,443
Regter Moose sê hy’s ‘n eerste oortreder maar hy doen dit al sewe jaar lank? So kan mens maar dieselfde misdaad oor en oor doen sonder om gevang te word dan bly jy ‘n eerste oortreder?
515,444
Ek sal haar graag wil “Konfronteer”, sy was te bang hy los haar daarom dat sy die walglike gedrag toegelaat het. Jou kinders moet altyd, maar altyd jou eerste en belangrikste prioriteit wees.
515,445
Die stiefma laat dit toe – regtig is sy vertraag of gee sy nie om nie, Lyk eerder of sy niks wou doen nie , sy moet ook gaan sit – sies
515,446
Hoekom moet die ma of vrou altyd vry stap. Is die hoeveelste keer wat ek hoor, die vrou of ma het geweet maar is n nie konfronterende persoon, noe geskool, vrees, bang en en en. de hel is siek man. Sê die wet nie as jy weet moet jy praat nie! Altyd kom die vrou weg. Op die ou end is die deler net soos die steler. Dit maak my moerig. Kla die vrou ook aan.
515,447
Mamma, vir jou trek ek sommer oor my skoot en gee jou die pakslae wat jy verdien!!!! Hoe staan en kyk jy toe hoe ‘n man jou kinders so afbreuk en verkleineer? Sies man, ek skaam my vir jou! Jy moet na hulle omsien, hulle troos as hulle huil en saam lag as hulle gelukkig is maar neè, ons het probleme met konfrontasie! Mannetjie, as ek die dag moet uitvind wie jy is, kry ek die hele Randfontein om my te help om jou plat te trek – Randfontein mag dalk klink soos die myndorpie wat hy is, maar moet ons nie weggooi nie! Vir die advokaat wat teen die vonnis appelleer, ek hoop werklik jy kan rustig slaap. Dit is een ding om ‘n onskuldige mens te verteenwoordig maar om die man te verteenwoordig, of jy aangesê is om dit te doen of nie, maak my naar! Elke dag word vrouens, meisies, kinders en seuns verkrag of seksueel geteister – DIT IS NIE NORMAAL NIE, ONS IS NIE JOU BLERRIE SPEELDING NIE!!
515,448
As sy nie in ‘n tronk gebly het nie, sou sy beslis kon uitkom. Ek HAAAT die klomp wat ons land regeer.Hulle voel nie ‘n dooie duit vir ons nie. (wit en swart) Hulle moet ons dien, maar hulle verryk hulself met ons belastinggeld, en dan moet ons boon-op ekstra opdok vir ons eie tronke wat ons in bly, en waaruit ons dan nie kan ontsnap as daar ‘n brand uitbreek nie. Ek is so bly ek hoef nie eendag rekenskap te gee hieroor nie.
515,449
Baie dankie Kameel en om nou eerlik te wees behalwe vir die fotos wat ek geneem het, het ek ook nog nie maanplante gesien nie
515,450
Ons almal weet dat ‘n Forklift die handigste ding in die wêreld is, maar hy kan nie op die plaas werk nie. Hy sit vas. “Rough terrain” Forklifts is onbekostigbaar.
515,451
Wat ons verder reg gekry het is dat die mas “tilt” as jy die lift optel, so jy het nie ‘n silinder nodig nie, net ‘n toplink. En as jy die lift heeltemal optel, kan jy ‘n wa onderdeur hak.
515,452
'n Kliniek (of primêre gesondheidsorg kliniek of buitepasiënte kliniek) is 'n gesondheidsorgfasiliteit wat hoofsaaklik gewy word aan die versorging van buitepasiënte. Klinieke kan privaat bedryf word, of regeringsbestuur en -befonds wees. Tipies dek die primêre gesondheidsorg die behoeftes van die bevolking in die plaaslike gemeenskappe, in teenstelling met groter hospitale wat gespesialiseerde behandeling verrig en pasiënte vir oornagverblyf toelaat. Soms groei klinieke so groot soos hospitale, of word geassosieer met 'n hospitaal of mediese skool, met die behoud van die naam "kliniek". (Voorbeeld: Mayo Kliniek).
515,453
Een van die doelwitte van die projek was om die openbare mening te beïnvloed in die rigting van 'n minder beperkte en meer vrye radio klimaat, wat gelei het tot 40,000 handtekeninge in die ondersteuning van die kommersiële reklame op die pasgestigte Radio P4.
515,454
In Junie 1991, het Radio AF verskuif na sy huidige perseel in die AF-gebou, sentraal geleë in Lund, en begin uitsaai op 99.1 MHz.[1] In 2014 het die stasie gemik op 'n alle digitale benadering tot die inhoud wat gelewer word, en het 'n nuwe amptelike webwerf ontwerp vir die verdere digitale ontwikkeling van die kanaal.
515,455
Paulus se gevangenskap in Rome demp nie sy vreugde nie want sy lewens-ingesteldheid was dat die lewe vir hom “Christus (is) en die sterwe wins” ­ (Fil 1:21). Paulus was al vir ’n geruime tyd ’n gevangene toe hy die brief aan die Filippense geskryf het en ’n mens begryp daarom die ongedempte vreugde van hierdie brief nog minder. Tog word dit duideliker uit Filippense 2:6–11, die as van die wiel waarom ’n gelowige se geestelike lewe draai.
515,456
Die 7% Tribe – ’n projek met die doel om Suid-Afrikaanse vroue in die werkplek te bemagtig – is by dié glansgeleentheid bekend gestel.
515,457
“Vroue moet ook ’n stam vorm deur die netwerkgeleenthede aan te gryp en sodoende rykdom en invloed te skep.”
515,458
“Dit verander trouens so stadig dat die Wêreld- Ekonomiese Forum skat die geslagsgaping in die werkplek, wat betaling insluit, sal 217 jaar neem om te verdwyn.”
515,459
Voorts stel die 7% Tribe in September die Speed-date-a-mentor bekend, ’n driemaandelikse geleentheid waar jy vir invloedryke vroue beroepsraad kan vra.
515,460
Wanneer kollegas, huismense, die dame agter die kasregister egter die tande in jou slaan tree daar ʼn ander jy na vore.
515,461
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies (of drogbeelde) veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs die dood kan veroorsaak.
515,462
Dagga, 'n plant wat as 'n hallusinogeen met 'n matige sederende effek geklassifiseer word. Dagga word hoofsaaklik gerook, maar kan ook geëet word.
515,463
Verkoops Loopbaan Gele Ons is op soek na 'n Afrikaanssprekende individu vir ons tak in Berea. Ons voorsien opleiding vir die voltydse verkoopsagentrol, dus geen ervari...
515,464
“Hy is ambassadeur vir Kalahari, ’n plaaslike velsorgreeks, en hulle het 'n advertensie daar verfilm en liefdadigheidswerk gaan doen,” vertel Bobby se bestuurder-ma, Ronel Brink, oor sy besoek.
515,465
Bobby het gedurende sy tyd daar op Instagram kaalbolyf-foto's van homself in tradisionele San-drag gedeel waar ’n mens nie sy blokkiesmaag kan miskyk nie.
515,466
Op nog foto’s het hy die eindelose sandvlaktes, panne en rooi duine van die afgeleë wêreld vasgevang.
515,467
Galasiërs 6:14 – Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.
515,468
In my navorsing die afgelope maand vir hierdie reeks het dit my opgeval hoeveel van die liedere geskryf is deur mense wat nogal revolusionêr vir hulle tyd was. Dit is interessant om te dink dat vandag verkies baie gemeentes om eerder moderner liedere te sing aangesien die ou liedere as vervelig beskou word, terwyl ‘n paar honderd jaar gelede mense in die tronk gegooi is omdat hulle van die liedere gesing het.
515,469
Gebed: Hemelse Vader, gee dat ek soos Paulus, slegs sal roem oor dit wat Jesus aan die kruis vir my gedoen het en nie oor dit wat ekself bereik nie. Vergewe my my trots en vir al die kere wat ek te skaam was om my geloof te bely.
515,470
2 Die koning van Persië het n spesiale ete gehou vir leiers van oor die hele wêreld. Die mans het eenkant geëet, en die vrouens saam met koningin Vasti. Die koning was dronk en het koningin Vasti beveel om, met haar kroon op, haar skoonheid te kom wys. Sy het geweier. 3 4 Om te wys dat vroue hulle mans moet eer, het die koning n wet gemaak. Dit het gemaak dat koningin Vasti nie langer koningin was nie. Daar is na n nuwe koningin gesoek. Uit al die mooi meisies in die koninkryk het die koning vir Ester as sy vrou gekies. 5 6 Hy het die kroon op haar kop gesit. Sy het nie vir die koning gesê sy is Joods nie, want haar oom het gesê sy moenie. Oom Mordegai het by die ingang van die paleis gewag om nuus van Ester te verneem. Eendag het hy gehoor hoe twee paleisbeamptes beplan om die koning te vermoor. 7 8
515,471
4 Daardie nag kon die koning nie slaap nie. Hy het sy dagboek gelees en besef Mordegai is nooit beloon omdat hy die koning se lewe gered het nie. Die volgende môre vra hy vir Haman: Wat kan ek doen vir iemand aan wie ek eer wil bewys? Haman het trots gedink die koning het hóm in gedagte. Haman het eintlik die koning se toestemming kom vra om Mordegai te hang. Die galg was gereed. Maar nou kon dit eers wag Opgewonde het Haman voorstelle gemaak. Laat trek vir dié man die koning se klere aan, én sy kroon. Laat hom op die koning se perd ry. Laat n hoë amptenaar hom deur die stad neem vir almal om te sien. Gaan doen dit met Mordegai, die Jood het die koning vir Haman beveel Hoe dink jy het Haman gevoel toe hy Mordegai eervol deur die stad geneem het? Hy het Mordegai net nog meer gehaat
515,472
“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
515,473
Pragtige groot en netjiese kamers in 'n stil omgewing. Werner se persoonlike ontvangs en aandag aan die netheid van sy gastehuis het dit 'n plesier gemaak om daar te kon oornag. Sal dit beslis weer doen.
515,474
Vervaardigingstelsels het drastiese veranderinge ondergaan die afgelope aantal jaar. Verskeie maatskappye maak nou gebruik van nuwe tegnologiee, soas byvoorbeeld aanpasbare vervaardigingstelsels. Daar is gevolglik 'n verskuiwing in fokus na instandhouding en die effektiewe bestuur daarvan. lnstandhouding is 'n dinamiese aktiwiteit en behels 'n groot aantal' gekoppelde veranderlikes. 'n Effektiewe instandhoudingsorganisasie word benodig om hierdie veranderlikes te beheer. Hierdie artikel bespreek die daarstelling van die instandhoudingsorganisasie en die parameters wat oorweeg moet word tydens die ontwerp. Die wyse waarop vyf maatskappye wat warmwalse bedryf die ontwikkeling van 'n effektiewe organisasie vir instandhouding benader het is ondersoek.
515,475
Qingdao Sino-meganiese Hardware Co Ltd is die handel in die internasionale mark vir meer as 20 jaar met 'n uitstekende reputasie in die bedryf en 'n lang staande verhouding met baie kliënte en verskaffers regoor die wêreld. Ons vernaamste produkte is brandveiligheid en toerusting vuur beskerming en mariene toerusting, vervaardig en aanmekaar gesit deur ons fabrieke in Sjanghai en Qingdao.
515,476
Mandala maak is 'n manier van meditasie, van stil word in jouself. Wanneer 'n mandale intuïtief geteken of geskilder word, kan dit lyk soos 'n abstraksie, wat dit in sekere sin is.
515,477
Carl Gustav Jung het mandalas as deel van sy psigoterapie gebruik. Hy het self ook elke dag 'n mandala geteken. Die skepping van 'n mandala vorm deel van 'n selfontdekkingsproses. Hierdie proses kan ook 'n staat van meditasie genoem word, waartydens jy met die godheid in jou in aanraking kom. 'n Mens werk intuïtief van die onbewuste na die bewuste of van die bewuste na die onbewuste, terwyl jy onbewustelik deur middel van die linker- of regterbrein konflik oplos en selfontdekking doen. Hierdie skeppende proses bring 'n mens nie net met jou skeppingsvermoëns in aanraking nie, maar help jou ook om oplossings vir probleme te vind. Selfontdekkingswerkwinkels word op aanvraag in groepverband aangebied. Omdat die skepping van 'n mandala egter dikwels 'n uiters private proses is, kan privaatklasse ook gereël word.
515,478
Vir die jongste inligting oor ons tariewe, skakel ons by 012 346 2418 of stuur vir ons 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
515,479
Die Musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem en vervaardig is, word ook vrygestel en dra nes die liedjie self ’n sterk boodskap aan vroue oor.
515,480
Behalwe dat jy nie “Satire” in jou skryfwerk gebruik nie, kry jy dit reg om my te laat lag soos net Mark Twain kan doen. Dink jy nie daardie insek was stokstyf geskrik van die rit berg af nie? Hy is werklik interessant!!!!
515,481
Ag en ek glimlag maar net altyd in my mou as ek by jou kuier. Nes Kameel sê. Ek kan my nou wel nie voorstel dat jy effe hiper is nie, maar ek stem vir jou sin vir humor.
515,482
Die volgende onderwerpe is algemene riglyne vir die inhoud wat waarskynlik op die eksamen ingesluit sal word. Tog kan ander verwante onderwerpe ook op enige spesifieke weergawe van die eksamen verskyn. Om die inhoud van die eksamen beter te reflekteer en vir duidelikheid, kan die volgende riglyne enige tyd sonder kennisgewing verander.
515,483
26 Junie 2016 Maak nie saak dat iemand jou nie in die verlede gekies het nie of jou verwerp het nie. Dit is nie ‘n label wat jy hoef saam […]
515,484
Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom vertel hy die leser in Bygelowe en waar hulle vandaan kom van ’n duisternis bygelowe wat wêreldwyd bestaan, en werp hy soms ook lig oor die herkoms daarvan.
515,485
Dié naslaanbron is die eerste omvattende Afrikaanse woordeboek oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn.
515,486
Toe dr. Anton Prinsloo tien jaar oud was, is sy eerste twee verhale in die destydse dagkoerant, Die Transvaler, gepubliseer. Sedertdien is hy in die wetenskap van taal geïnteresseerd, maar veral in die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings. Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Taaladviesraad van die destydse SAUK. Hy het verskeie artikels vir linguistiese tydskrifte geskryf en het nie minder nie as ses boeke gepubliseer. Hy is reeds ‘n dekade lank die skrywer van die rubriek “Taalkruie”, wat in die dagblad, Volksblad, verskyn. Dr. Prinsloo het onder meer pryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die FAK vir sy skryfwerk ontvang.
515,487
Humoristies, luisteraar, geniet klein en eenvoudige dinge. Rustig maar geniet die lewe. Dans glad nie. Geniet die natuur, nie baie Lief vir die see nie. Lief vir diere. Uiters getrou, betroubaar.
515,488
Ek weet nou presies wie ek is in Christus. Daar is ‘n paar skrif gedeeltes waarmee God met my gepraat het, waar Hy gese het, dis wie ek is:
515,489
Jer 1: 5-8 – Voordat Ek jou in jou moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
515,490
Mnr. Theuns (Whitey) Fourie (46) se bebloede lyk, met sy hande nog agter die rug vasgebind, is in sy tuin gekry.
515,491
Twee van die vyf aanvallers wat hom eergisteraand ingewag en vermoor het, het ook ’n vrou op die hoewe verkrag, waarna hulle vir hulself in die kombuis kos gemaak het.
515,492
“Sy het ná ’n hele ruk gehoor hoe ’n voertuig ry en dit stil word. Sy het haar losgewikkel en uit die kattebak gekom. Die vrou het sowat ’n kilometer na die naaste bure geloop en hulp gesoek,” het Otto gesê.
515,493
Mnr. Rudi Sonnekus van Sonco-insleepdiens het gesê die aanvallers het die veiligheidshek by die agterdeur oopgebuig.
515,494
“Hulle het die huis leeggemaak. Selfs sy tuimeldroër en wasmasjien is gesteel,” het ’n kollega van hom gesê.
515,495
Die vrou is na die polisie-traumasentrum in Tzaneen geneem. Sy het gister behandeling in ’n hospitaal ontvang.
515,496
Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het? So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie? So verlief dat jy iets baie dom aangevang het? Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!
515,497
Soos alle kreatiewe siele in Suid-Afrika, het ek mettertyd my weg na die Kaap gebaan. Ek het in Stellenbosch myself bekwaam in die kookkuns met 'n fokus op fyngebak, en toe aansoek gedoen vir 'n BA-graad in Toegepaste Ontwerp met 'n fokus in fotografie. Ek het baie tyd in die omliggende wynlande spandeer en hier 'n voorliefde vir wyn ontdek wat gelei het daartoe dat ek vir 'n paar jaar in die wynindustrie werksaam was. Intussen het ek my liefde vir die visuele kunste ontgin deur in die Kaap 'n paar eenmankunsuitstallings te hou waar my skilderye en fotos uitgestal is.
515,498
Die storie van hoe hierdie gretige Suid-Afrikaanse laaitie mettertyd sy eie restaurant in Nice, Frankryk, sou oopmaak is deurspek met struikelblokke, harde werk, deursettingsvermoë en meer as 'n bietjie suiwer geluk. Ek glo dat elkeen van ons deur die loop van ons lewens 'n paar geleenthede sal ervaar waar die sterre perfek in lyn is om ons drome te bewaarheid. Die noodlot sal jou met 'n paar subtiele stampe en stote op die regte tyd op die regte plek staanmaak, maar in daardie oomblik hang dit steeds van jou af om pens en pootjies in te spring - om jou oë toe te knyp, die veilige vesting van jou gemaksone agter te laat en te bewys hoe graag jy dit wil hê, ten spyte daarvan dat jy deurgaans jou eie vermoëns in twyfel trek.
515,499
Die produksie het vir vol sale en staande ovasies gespeel by die Aardklopfees en nou kan jy dit van 1 – 4 Maart in Durbanville by Die Boer sien voordat die vertoning sy buiging maak by KKNK.