id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
515,500
Izak Davel is beslis met talent geseën en is een van Suid Afrika se mees veelsydigste kunstenaars! Die sagte man, wat op Lady Grey grootgeword het is al deur tydskriflesers aangewys as die sexieste man in die land. Izak weet hy is aantreklik: die spieël – en kamera – lieg immers nie! Hy bly egter skaam en beskeie oor al die aandag. Dié pastorieseun het eintlik ‘n sagte, klein hartjie en skroom nie weg van sentiment nie. Hy ag geloof en Christenskap hoog. “Sónder die Here se krag en genade was en is ek niks. Alles wat ek het en alles wat ek doen, is net te danke aan my Hemelse Vader!” Hy het deursettingsvermoë, is ‘n perfeksionis en uiters geduldig. ”Ek is hárd op myself en ek weet wat ek in die lewe wil hê!”
515,501
Om elke dag op te staan met die wete dat daar 'n persoon in jou lewe is wat vir jou omgee en liefhet en daar is vir jou deur dik en dun maak alles die moeite werd.
515,502
Meiring sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir dringende mediese sorg.
515,503
Hy sê volgens ooggetuies was die groep mense besig om ʼn seekoei op te kap toe die bakkie in hulle ingeploeg het.
515,504
Die jaar 556 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 6de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
515,505
Die Dooflimpiese Spele is 'n spesiale Olimpiese Spele wat vir dowe persone georganiseer word. Hierdie Spele bestaan uit 'n aparte Somer- en Winterspele, en word elke vierde jaar in die onewe jare gehou.
515,506
· Vermy perfeksionisme. Daar is n punt wat jy moet stop. Doen die beste wat jy kan in die gegewe situasie. Vertrou op die Here.
515,507
Dankie. Ek gaan nog ‘n post skryf “Kom verken die Taalmonument saam ment met my”waar ek my belewenis deurgee. Ek het na die tyd ‘n boek van NP van Wyk Louw en Langenhoven bu hulle winkel gekoop.
515,508
Deur jou inspireer Hester. Ek gaan nog skryf hieroor en julle saam op toer neem – seker maar die Kango grot gids in my…
515,509
Sjoe Abtie dia baie mooi Hoop al die buitelandse mense kom ky ook hierna Ek kry so die gevoel die bloggers kyk net op Woensdae! Ek sien nooit ‘n vreemde blogger by die wat later deelneem nie
515,510
Dit is ondanks ’n 11 jaar lange waglys by die departement ortopediese chirurgie wat op 1 495 pasiënte staan.
515,511
Een van die pasiënte wat teen groot koste al twee keer van Viljoenskroon na Bloemfontein laat kom is vir ’n heupvervangingsoperasie, moes onverrigtersake huiswaarts keer omdat die operasie telkens op die laaste nippertjie afgestel moes word. Sy is nie die enigste met wie dit gebeur het nie.
515,512
“Ons het in Junie agtergekom die noodkrag werk nie. Daar is toe reëlings getref dat die narkose-masjien noodkrag kry.” Dit is batterye in die teater.
515,513
“Daar was ’n stadium wat ons weer vir so twee weke lank begin opereer het, maar die elektrisiteit het met tye afgegaan. Ons het gedink daar was noodkrag, maar daar was net noodkrag vir die narkose-masjiene.
515,514
Op ’n vraag na die oorsaak, sê hy: “Die kragopwekker was stukkend. Hulle het dit probeer regmaak. Elke keer as die kragopwekker getoets word, veroorsaak dit dat die normale krag van die hospitaal uitgedoof word.”
515,515
Shipley sê hy en sy departement se chirurge wil al die pasiënte verskoning vir die ongerief vra.)?Mnr. Jabu Mbalula, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, sê dokters is deur die departement gevra om nie te opereer voordat die probleem met die kragopwekker opgelos is nie. Die kragopwekker is modern, maar het ’n tegniese probleem. Ongesteurde kragtoevoer is egter vir die hospitaal aangekoop wat gebruik moet word in tye van kragonderbrekings.
515,516
Metode. Maak kepies in die sooltjie* van die varklies. Smeer dit met bakpoeier en growwe sout. Plaas die ui, wortel, knoffel en kruie onder in 'n groot oondskottel.
515,517
Hier is 'n paar handige wenke wat ons van lesers gekry het oor hoe om jou koperitems in stand te hou.
515,518
Wat kan jy doen as jy nie ’n watersuiweringseenheid het om rivierwater te suiwer nie? Daar is vyf maniere...
515,519
Jy moenie jou simptome aan 'n paniekaanval toeskryf nie. Ek stel voor dat jy 'n kardioloog vir ondersoeke konsulteer. Dit is moontlik dat jou simptome toegeskryf kan word aan 'n hart toestand waar die elektriese geleiding abnormaal is. Die spesialis sal ook bloedtoetse moet doen om vas te stel of jy nie anemies is of aan skildklier probleme lei nie.
515,520
4. Plaas die deksel op en laat prut dit 2 tot 3 uur lank of tot die vleis van die been afval verwyder die en lourierblare
515,521
2. Meng die suurroom en eier en voeg dit by die meelmengsel. Meng tot 'n stywe deeg. Plaas dit in n plastieksakkie en laat dit vir 20 minute in die yskas staan.
515,522
1. Verhit die botter in 'n swaarboomkastrol en braai die uie, knoffel en soetrissies tot die uie deurskynend is (nie bruin nie).
515,523
3. Voeg die res van die bestanddele by en laat vir 1½ uur stadig prut tot die vleis sag is. Roer af en toe.
515,524
Verwyder die poeding uit die oond sodra dit klaar gebak is en steek 'n paar gaatjies in die die poeding met 'n sosatiestokkie - sodat die stroop lekker kan intrek.
515,525
Soteer die knoffel, seldery, uie en wortel in jou drukkoker. Haal dit uit en hou eenkant. Bedek die beesstertstukke met 'n bietjie meel en verbruin hulle in die pot.
515,526
Gooi 'n bietjie OBS in die pot sodra die vleis gekaramelliseer het sodat die stukkies vleis en groente wat op die bodem van die pot gekaramelliseer het kan loskom.
515,527
1. Plaas die tong in 'n swaarboomkastrol, bedek met koue water en verhit tot kookpunt. Dreineer die tong en gooi die vloeistof weg. Plaas dit weer in die kastrol en voeg koue water by. Verhit weer tot kookpunt, maar proe aan die water om vas te stel hoe sout dit is, want die watervlak moet nie die tong bedek tensy die tong baie sout is nie.
515,528
4. Haal die tong uit die koue water en verwyder die vel, beentjies of kliere onder die tong indien nodig.
515,529
6. Indien die tong koud bedien word, plaas dit in 'n houer waarin dit net pas en giet die kookvloeistof oor. Laat dit koud word en stol.
515,530
Maak seker dat die tong nie te sout is nie, so proe aan die kookvloeistof. Moet nie 'n pot sop kook nie; hou die hoeveelheid vloeistof dop
515,531
5. Breek die hoender in stukke en vlok die hoendervleis. Gooi al die oortollige goed soos die bene en velle weg.
515,532
8. Meng die mielieblom met 'n klein bietjie water tot 'n gladde pasta. Roer dit by die warm sop en laat dit minute lank kook sodat die sop kan verdik.
515,533
3. Meng die sagte botter met die hande in. Voeg 'n klein bietjie koekmeel by indien die deeg aan jou hande vassit. Knie dit vir 3 minute tot 'n hanteerbare deeg vorm.
515,534
4. Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat dit 'n uur lank op 'n warm plek staan om te rys tot dubbel die volume.
515,535
5. Verhit die olie tot warm. Breek die deeg in stukkies en braai dit in die warm olie tot goudbruin en gaar.
515,536
1. Sny die kool in kwarte, verwyder die stonk en kerf die kool fyn. Kook dit 10 minute lank in soutwater of tot die kool sagter voel.
515,537
3. Meng die water, olie en asyn saam en voeg dit by die meelmengsel. Die deeg word nie geknie nie, so dit moet redelik slap wees. Voeg nog 'n bietjie louwarm water by indien nodig.
515,538
4. Roer die kaiings deur dei deeg en skep dit in die voorbereide ysterpot. Laat die pot op 'n warm plek rus vir 1 uur sodat die deeg kan rys.
515,539
1. Verhit 10 ml van die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die spek vir 5 minute of tot bros. Skep die spek met 'n gaatjieslepel uit en dreineer die oortollige olie op kombuispapier.
515,540
5. Giet die sop in sarsies in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad. Giet die sop weer terug in die kastrol en voeg die room by. Verhit die sop tot deurwarm ( moet dit nie weer laat kook nie).
515,541
2. Klits die eier, melk en botter of olie saam. Maak 'n holte in die meelmengsel en voeg die vloeistofmengsel geleidelik by. Meng goed.
515,542
4. Skep lepels vol van die deegmengsel in 'n lig-gesmeerde warm pan. Draai die koekies om sodra daar lugblasies op die bokant vorm.
515,543
As die deeg te styf is, kan nog 'n bietjie melk bygevoeg word tot 'n stywe maar hanteerbare deeg vorm.
515,544
8. Druk deegsirkels uit met 'n koekiedrukker van 6 cm in deursnee en plaas dit in die kolwyntjiepanne .
515,545
Laat die koekies effens afkoel in die panne en plaas dit dan op 'n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. 14. Bere dit in 'n lugdigte houer.
515,546
3. Verhit die olie in 'n swaarboompan en skep lepels vol van die mengsel in warm olie. Braai die koekies tot daar gaatjies vorm aan die bokant. Draai die koekies om en braai verder tot gaar.
515,547
4. Skep die koekies uit en dreineer op kombuispapier. Skep dit in 'n opdienbak en strooi die suiker en kaneel oor. Stip met 'n bietjie botter. Herhaal tot die mengsel opgebruik is.
515,548
1. Skil die komkommer, verwyder die saad en rasper dit grof. Strooi ekstra sout oor die komkommer en laat dit vir 10 minute staan.
515,549
1. Plaas die skaapkop, -pens, -pootjies, -nek en uie in 'n swaarboomkastrol. Geur met sout, peper en speserye. Voeg genoeg water by om die inhoud te bedek en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die mengsel vir 3 - 4 uur oor lae hitte stowe. Wees versigtig dat die afval nie droogkook nie.
515,550
2. Die alternatief is om die afval in 'n oondvaste kastrol te plaas, die kastrol te bedek en oornag in 'n oond wat tot 140ºC voorverhit is te bak - sodoende sal die afval 'n lymerige sous kry.
515,551
3. Verwyder die bene sodra die afval gaar is. Voeg die aartappels by en kook vir nog 30 minute tot die aartappels sag is.
515,552
4. Indien jy kerrie-afval wil maak, voeg die kerrie-mengsel saam met die aartappels by en laat dit deurkook.
515,553
5. Draai die brood in foelie toe en bak vir ongeveer 15 minute tot die kaas gesmelt het. Verwyder die foelie en bak die brood vir nog 5 minute om die brood lekker bros te maak. Bedien dadelik.
515,554
1. Halveer die eirs in die lengte. Haal die eiergele uit, plaas in 'n mengbak en druk fyn. Meng die souse, geur met Aromat, peper en mosterd. Voeg dit bietjie vir bietjie by die eiergele en meng deeglik.
515,555
Om seker te maak die eiergeel bly in die middel, roer die eiers met 'n lepel sodra die water begin kook. Die eiermengsel kan ook vooraf voorberei en in 'n yskas gebêre word tot benodig.
515,556
Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op 'n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.
515,557
Kort voor lank is Wessel deel van 'n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van 'n leeftyd gaan word ...
515,558
Ek is 'n enkel mamma van 2 pragtige kinders, hulle is my hele lewe. Ek hou van fliek, braai, rondrits en nuwe plekke te sien.. Ek is ook 'n Honde mens. My gunsteling musiek is Straatlig kinders en Parlotones en meer. Ek is nie 'n bo baas kok nie maar ek kan braai broodjies maak. Ek het ook 'n goeie sin vir humor. Hoop ons kan lekker gesels..
515,559
My ideale maat moet lief wees vir kinders en diere, hy moet ook 'n sin vir humor he.. Hy moet tenminste braai broodjies eet. Ek verkies dat hy nie sy lewe om drank reël nie, maar dit nog steeds af en toe kan geniet. Hy moet van my hou net soos ek is en my nie wil verander nie.
515,560
Antwoord: Weet jy verseker dat jy die ewige lewe het en dat jy Hemel toe sal gaan wanneer jy sterf? God wil hê jy moet seker wees! Die Bybel sê: “Ek het ’n goeie rede waarom ek hierdie dinge aan julle skryf: dit is sodat julle wat in die Seun van God glo, kan weet dat julle die goddelike, nimmereindigende lewe het” (1 Johannes 5:13).
515,561
Veronderstel dat jy op hierdie oomblik voor God staan en dat Hy jou vra: “Waarom moet ek jou in die Hemel toelaat?” Wat sal jou antwoord wees? Dit is moontlik dat jy nie sal weet wat om te sê nie. Wat jy moet weet is dat God ons lief het en dat Hy ’n manier gegee het waarop ons verseker kan weet waar ons die ewigheid sal deurbring. In die Bybel staan dit so: “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef.” (Johannes 3:16).
515,562
God is heilig en regverdig en moet ons sondes straf, maar Hy het ons lief en het voorsiening gemaak vir die vergifnis van ons sondes. Jesus het gesê, “Laat Ek dit so stel: Ek is die ‘pad’ en my Vader die ‘adres’. Wie hierdie pad loop, kom by die ware lewe uit. As iemand ’n ander pad loop, sal hy nooit by my Vader uitkom nie” (Johannes 14:6).
515,563
Jy kan die ewige lewe kry as ’n geskenk – VERNIET! “Ek sê weer: as ’n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo” (Romeine 6:23.) Jy kan onmiddellik ’n vol en betekenisvolle lewe hê. Jesus het gesê: “Ek is hier om vir julle die kans te gee om altyd by God te wees. By Hom sal julle die lewe voluit kan geniet. En dit is lekkerder as enigiets anders, glo My!” (Johannes 10:10). Jy kan die ewigheid saam met Jesus in die Hemel deurbring want hy het belowe: “As Ek alles vir julle reggekry het, kom Ek julle haal om by My te wees. Waar Ek is, sal julle dan ook wees” (Johannes 14:3).
515,564
As jy Jesus Christus as jou Verlosser wil aanneem en vergifnis van God wil ontvang, kan jy die volgende gebed bid. Onthou egter dat om net hierdie gebed of enige ander gebed te bid, jou nie sal red nie. Dit is slegs geloof in Christus wat jou van sonde kan verlos. Hierdie gebed is ’n eenvoudige manier om vir God te vertel van jou geloof in Hom en om Hom te bedank omdat Hy voorsiening gemaak het vir jou verlossing.
515,565
“Here, ek weet dat ek teen U gesondig het en die straf daarvoor verdien. Maar Jesus Christus het die straf wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek deur geloof in Hom, vergewe mag word. Ek los nou my sondige lewe en glo dat U my sal red. Baie dankie vir U wonderlike genade en die beloning van die Ewige Lewe! Amen!”
515,566
Die woordelys is beskikbaar vir aflaai op die amptelike webwerf van die Winter Olimpiese Spele in Sochi.
515,567
Verdeel die deeg in 10 ewe groot balletjies en rol balletjie vir balletjie uit om 10 losboompannetjies van 7,5 cm te voer. Die deeg moet omtrent so dik soos ’n muntstuk se kantjie wees. Sit ’n stukkie bakpapier bo-op elkeen en bedek met gewone of keramiekboontjies.
515,568
’n Ouma het altyd die lekkerste resepte wat sy wegbêre en op spesiale geleenthede uit die kas haal en...
515,569
Ouers wat in alles wat hulle doen God met blydskap soek is aansteeklik. As jou verhouding met God die grootste bron van blydskap is, sal dit in jou huwelik en ouerskap wys. As geloof slegs ‘n klomp reëls en regulasies is, sal jou kinders nie die verhouding wat jy met God het verbind met die lewe wat hulle wil hê nie. Kinders maak hulle ouers se passies hul eie.
515,570
2 Kor 4:6 “Want God wat gesê het dat daar lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus”
515,571
As die man sy vrou lief het ten spyte van haar sonde, vertel dit vir die kinders dat Christus Sy kerk lief het ten spyte van haar sonde en tekortkominge, ookal is sy onaantreklik. Dit staan teenoor liefde gebasseer op dade.
515,572
As die vrou haarself blymoedig onderwerp aan haar man soos aan die Here, en erken dat hy die hoof is en dat sy sy liggaam is (soos Christus die hoof en die gemeente Sy liggaam), vertoon dit ‘n pragtige prentjie vir die kinders. Veral as sy dit vir haar onwaardige man is, omdat dit vir die kinders vertel dat sy op die Here vertrou om vir haar te sorg. 1 Petr 3:5-6
515,573
Die sonde maak jou blind vir jou eie sondes en vir die feit dat jy blind is. Jou kinders sal jou sonde waarvoor jy blind is raaksien net soos wat jy hulle sonde waarvoor hulle blind is sal raaksien.
515,574
Ons trotsheid sal weg wees die dag as ons God sien, tot dan sal dit vir ons almal ‘n probleem bly. Erken dit in jou lewe en veg daarteen met alles wat jy het!
515,575
Voorbeeld: “Ek konfronteer (dissiplineer) jou oor hierdie sonde, nie omdat ek dit altyd reg doen nie, maar omdat die Here my beveel om dit te doen. Ek wil hê dat jy moet weet dat ek ook ‘n sonddaar is en dat ek ook probeer om hierdie selfde sonde waarmee jy sukkel te oorwin, maar ek gaan jou oor hierdie sonde straf omdat ek jou liefhet en wil hê dat jy in ‘n beter plek as ek is as jy ‘n volwassene is”
515,576
Jy is die meeste soos Christus as jy jou man lief het, aan hom onderdanig is en respek bewys ookal verdien hy dit nie.
515,577
Die kruis, die evangelie is die plek waar behoeftige mense na toe gaan vir reiniging en vergifnis. Daar vind jy die perfekte model van hoe jy moet leef, maar daar vind jy ook genade. Dis die plek om te na toe te gaan vir hulp!
515,578
Ons het backup nr10′s baie nodig – so baie welkom – hoop daar is ‘n mooi toekoms vir jou by ons die GROOT SHARKS.
515,579
Mooi en verrassende gedig. Ek hou veral van die laase reël van die eerste strofe met die subtiele suggestie van manlike denke daarin.
515,580
Volgens Fourie was die kinders was glo in die sorg van hul oom. Hy het hulle glo vir ʼn onbekende tydperk in die voertuig gelos terwyl hy gaan inkopies doen het. Die polisie se gesinsbeskermingseenheid ondersoek die saak. “Die saak is tans by die staatsaanklaer vir beslissing,” het Fourie gesê.
515,581
Die kinders was glo vir langer as ʼn halfuur in die warm voertuig voordat hulle verwyder is. Die man het sowat ʼn uur nadat die kinders uit die voertuig gered is daar opgedaag. Hy is na die Brooklyn-polisiestasie gevat waar hy in hegtenis geneem is. Die kinders is in veilige sorg. Die man sal na verwagting Vrydag in die Hatfield-landdroshof verskyn.
515,582
“Diabeet en sy moes gou iets kry om te eet…” NEE! As, let wel AS dit die waarheid is maak mens seker jy het ietsie in jou handsak ingeval jy in verkeer vassit of ingeval iets gebeur wat jy gou iets moet inkry. Of anders neem jy die kind saam as jy die iets gaan kry om te eet.Wat se soort ouma en ma’s is dit die???
515,583
Kersfees word ook gekenmerk deur heerlike geregte en baie soet dinge. Hoe gemaak wanneer jy die hele familie moet gelukkig hou? In Suzelle DIY se nuutste video wys sy hoe jy ʼn nagereg-Kersboom kan maak met ʼn verskeidenheid lekkernye om te verseker dat elke soettand in die familie bevredig word.
515,584
Afrikaans is groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied word en bied jaarliks nie net iets vir die oor nie, maar ook iets vir die oog. Goeie klank, uitstekende beligting en artistieke toevoegings maak van dié konserte ’n trekpleister vir oud en jonk.
515,585
Guoxin aluminium, geleë in Qinghai, rondom ons, is daar Tianjin Port, Lianyungang Port, Qingdao Port, Sjanghai Port naby ons maatskappy vir maklike vervoer na globale kliënte. Vir die kliënte wat wil 'n hoë gehalte aluminium produkte te koop vir 'n spesifieke gebruik van China, ons maatskappy is bly jy en sien uit na u samewerking.
515,586
“Kennis word hiermee gegee dat ’n terreininspeksie gehou sal word op 5 April 2018 om 10:00 op die plase vir ’n oudit van die bates, reëlings vir toesighouding en ’n oorhandiging van plaassleutels aan die staat,” lui die brief wat die eienaars vier maande gelede ontvang het.
515,587
Akkerland Boerdery (Edms.) Bpk., eienaar van ’n luukse jagplaas waar ’n Livingstone- eland en -trofee vir sowat R120 000 stuk gejag kan word, het ’n dringende interdik in die grondeisehof bekom om sy afsetting van die twee plase te keer. Die interdik geld totdat die hof oor die regmatigheid van die ont­eiening kan beslis.
515,588
“Wat (die Akkerland-saak) uniek maak, is dat hulle blykbaar nie die geleentheid gegun is om die eis eers in ’n hof te betwis soos die wet vereis nie.”
515,589
“Ek verteenwoordig baie boere – honderde of selfs duisende in verskillende dele van die land. Daar was nog nie direkte onteiening nie. Daar is maar ’n handvol wat baie naby aan die spits is waar ek vermoed hulle probeer om die geleentheid te skep, maar daar is beslis nie onteiening sonder vergoeding nie. Daar is nie ’n krisis op hande nie.”
515,590
Theon Smith, prokureur van Akkerland, het by navraag gesê hulle betwis wel die prys wat die regering vir die plase aangebied het, maar soveel te meer die geldigheid van die Musekwa-gemeenskap se eis vir die plase.
515,591
Smith sê die ontstellende deel van sy kliënte se saak is dat die minister wetgewing geïgnoreer het wat Akkerland eers ’n geleentheid moes gun om hul saak voor die hof te stel.
515,592
Hulle het egter ook ’n aanbod van R20 miljoen gehad van Coal of Africa, wat die plaas wou koop vir die omstrede Makhado-steenkoolmynprojek, maar dit was onderhewig aan goedkeuring van die grondeisekommissie omdat daar ’n hangende grondeis was.
515,593
Luidens Akkerland se hofstukke het hulle ’n onafhanklike waardasie in 2011 laat doen wat die waarde van die plase op R200 miljoen geskat het.
515,594
In ander korrespondensie wat by die hof ingedien is, sê Akkerland egter hulle het in 2011 ’n waardasie van R50 miljoen bekom en dit was boonop indien die plase ontwikkel word tot ’n ekolandgoed met 300 erwe.
515,595
Dié boere sê die waardeerder-generaal gebruik ’n onregmatige formule om die waardes te bepaal. Volgens hulle lê die formule te min klem op die markwaarde van grond, verbeterings en die bestaande gebruik van die grond.
515,596
AFRIKAANSE OPSOMMING : In hierdie studie word die erosie kenmerke van skulpe en skulp fragmente ondersoek. Wanneer skulpe afsak na die bodem, word, soortgelyk soos blare rangskik onder 'n boom, die grootste deursnit area van die skulp aan die sleurkrag blootgestel, in teenstelling met wanneer dit op die bodem lê, waar die kleiner deursnit area blootgestel is aan die vloei. Die sinksnelheid van skulpe is dus laer as die snelheid wat vereis word om hulle te laat erodeer. 'n Model om die kritieke skuifspanning vir die aanvang van beweging van verskeie skulpe wat op 'n horisontale sandbodem lê te bepaal, word voorgestel. Hierdie model maak van die hidrodinamiese kragte, waar die sleurkrag en hefkrag in ag geneem word, gebruik. Mosselen klipmosselskulpe word ondersoek, asook verskillende vorms van gefossiliseerde skulpe en fragmente van skulpe, in hulle vuil en skoon toestande. Hierdie resultate word dan met resultate soos gevind in literatuur vergelyking. Eksperimente om die kritiese skuifspanningskragte op die bodem te bepaal vir die aanvangsbeweging van die skulpe word in 'n oop kanaal gedoen deur van Vanoni se wandmuur regstelling gebruik te maak. Die sleurkragte en hefkragte van die mossel en klipmossel skulpe word onder die invloed van vloeiende water met behulp van 'n vervormingsmeter bepaal. Die eksperimentele data word met die data wat verkry is deur die analitiese model vergelyking. Die Shield parameter word gebruik in 'n poging om die erosie kenmerke van die skulpe met nie-uniforme sandkorrels wat op die bodem lê te vergelyk.
515,597
AFRIKAANSE OPSOMMING: Internasionale handel het die afgelope paar dekades geweldig toegeneem. Wanneer kontraktante hulle in verskillende lande bevind, elke party met sy eie regsagtergrond, ontstaan eiesoortige probleme in verband met kontraksluiting, die uitvoering daarvan, kontrakbreuk, en dies meer. Die oorheersende tema van hierdie werk is die vraag na die hantering van 'n verskeidenheid regsreëls betrokke in 'n internasionale konteks. Die fokus is op kontraksluiting, en die reëls aangaande aanbod en aanname word derhalwe ondersoek. As gevolg van die bestaan van uiteenlopende regskulture het verskillende regstelsels dikwels teenstrydige reëls met betrekking tot kontraksluiting. Dit kan natuurlik problematies wees, veral indien die partye tot die kontrak nie bewus is van die teenstrydighede nie. Ooreenkomstig die choice of law-reëls van internasionale privaatreg, word so 'n kontrak beheers deur die regstelsel waarmee dit die nouste verbintenis het. Faktore wat dui op so 'n band kan byvoorbeeld die domisilie van bepaalde persone op verskillende tye, die situs van eiendom, of die plek waar 'n regshandeling verrig is wees. Een spesifieke regstelsel sal dus van toepassing wees op die kontrak. Daar is egter ook 'n ander moontlikheid: dié van 'n eenvormige substantiewe reg. Dit behels die vereniging van verskillende regsreëls ten einde een stel reëls daar te stel wat toegepas word op internasionale kontrakte. lndien in ag geneem word dat heelparty reëls en leerstukke in die kontraktereg 'n gemeenskaplike filosofiese oorsprong het, is die noodsaaklikheid van 'n vereniging van die reëls nie 'n gegewe nie. Die meeste van dié reëls het egter verskillend uitgekristalliseer in verskillende regstelsels, en partye tot 'n internasionale transaksie sal heel waarskynlik nie dieselfde opinie hê oor kwessies soos die moontlikheid om 'n aanbod voor aanname daarvan te herroep, of die presiese oomblik van totstandkoming van 'n kontrak nie. 'n Vergelykende studie van die reëls van aanbod en aanname illustreer die punt. Internasionale pogings om die reg in die verband te verenig word ondersoek, ten einde die moontlikheid van 'n eenvormige substantiewe reg van toepassing op kontrakte te beoordeel. Sekere van die internasionale instrumente blyk 'n middeweg tussen uiteenlopende reëls te vind, alhoewel dit nie noodwendig die beste manier is om die probleem voorhande op te los nie. Daar word geargumenteer dat harmonie nie noodwendig bevorder word deur 'n kodifikasie van bestaande reëls nie, en dat 'n gemeenskaplike regskultuur wat tot die geleidelike ontwikkeling van eenvormige regsbeginsels kan lei, 'n alternatiewe oplossing vir die probleem van onversoenbare nasionale regstelsels in 'n internasionale konteks kan wees.
515,598
Saam met ‘n klompie vriende het ons onlangs die Stamvrug staproete aangepak in die Waterberge. Hier is twee wenke vir indien jy dit ook so wou doen in die somer:
515,599
Jy wil graag jou kinders met die regte waardes en beginsels grootmaak. Jy glo jy kan ʼn rol in die sukses van haar huwelik speel as jy haar vir daardie belangrike verhouding reg toerus en jy is vasbeslote om jou seun te leer hoe om eendag sy vrou te behandel, ter wille van ʼn vervulde huwelik. Kenners meen dit is moontlik.