id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
600
"AllesMotors" is die eerste webwerf in Afrikaans. Dit is in die goeie jaar 2000 deur veteraan motorjoernalis Ben van Rensburg begin. Met sy aftrede in 2006 is dit deur Gerrie Smit, ook 'n motorjoernalis sedert 1982, oorgeneem.
601
Alle kaartjies is vooraf te koop teen R30.00 en R50.00 by die deur. Ons het reeds vir alle ouers ‘n briefie gestuur met ‘n afskeur strokie aan wat u moet voltooi met die aantal kaartjies wat u vir die geleentheid wil bestel.
602
Ek hoor julle is bekommerd oor my. Dankie dat julle gedurigdeur aan my dink en vir my bid. Dit maak die wêreld se verskil aan my. Ja, om aan mense die goeie nuus van Jesus te vertel, is nie altyd so maklik nie. Hier sit ek juis in die tronk vir daardie presiese rede.
603
Maar julle moenie moedeloos word nie. Al sit ek hier in die tronk, is daar net een wens wat ek wens. My wens is dat dieselfde gesindheid in julle moet wees wat daar ook in Jesus was. Al was Hy God self, het Hy nie selfsugtig vasgeklou aan al sy hemelse skatte nie. Nee, om die waarheid te sê, Hy het sy almag soos ‘n jas uitgetrek en ‘n gewone bloeibare mens geword. Hy het gekies om Homself geheel en al te gee vir ander mense. Hy wou nie kyk hoeveel mag of geld Hy vir Homself kan bymekaarmaak nie. Hy wou eerder kyk hoeveel van Homself Hy vir ons kan uitgiet, selfs as Hy opgehang moet word in die proses. Daarom het God Hom vertrou met die grootste mag denkbaar.
604
Waarvoor God omgee, liewe lidmaat, is of jy bereid is om jouself te gee vir God en ander mense! Het jy jou vrou lief en dra jy haar op jou hande? Lewe jy as ‘n dienaar vir jou medemens, al is hy hoe aangetrek? Watter soort ouer of baas is jy? Het jy dieselfde gesindheid as Jesus in al hierdie aspekte van jou lewe? As jy hierdie pad wil stap, sal jy agterkom dat jy dan nie jouself verloor nie, maar eerder jouself vind.
605
Jy het ‘n afspraak vir 10:30 by die dokter. Vyf-en-twintig oor 10 is jy al daar, want jy is iemand wat betyds is vir jou afsprake. Die ontvangsdame wys jou met ‘n oop palm na die bank waar jy solank kan “wag vir Dokter”. En jy sit. En sit. En sit en blaai deur ‘n hengel-tydskrif (dis al wat daar is). En wanneer jy moeg gesit is, sit jy nog ‘n rukkie. Dit voel vir jou soos ure wat verbygaan… totdat Dokter jou kwart voor 11 in sy spreekkamer inroep. En hierdie keer was jy gelukkig.
606
Kom ons leer weer die opwindende kant van wag. As ons deur die Bybel blaai, kom ons gou agter dat die Here nie gewoonlik kits-antwoorde gee nie; Hy sê veel eerder:
607
Israel moes honderde jare wag voordat die groot Messias gebore word. En ons wag nou al eeue vir die Messias om weer te kom soos Hy na die hemel opgevaar het. As ons hierdie seisoen vir kersfees wag, laat ons onthou dat ons eintlik wag en uitsien op die Here se koms. Want as God tussen ons is, kan niks dieselfde wees nie.
608
Ek vervies my soms vir myself as ek so krities na alles kyk. ‘n Vreemdeling sal moeiliker ‘n wonderwerk aan my verkoop as wat hy ‘n nuwe stofsuier aan my kan afsmeer. In ons tyd van cons en skelms kan ons dit nie bekostig om alles vir soetkoek op te eet nie. En die grootste skelms maak juis ons harte sag deurdat hulle vertel hoe lief hulle die Here het. Dis seker nie snaaks dat my siniese antenna dan ook uitspring as ek ‘n wonderwerk in die Bybel raaklees nie. Dan wonder ek of God regtig iets daarmee te doen gehad het dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See getrek het.
609
Ek wil jou nooi om saam met my op ‘n reis te gaan. ‘n Reis waar ons weer ontdek dat God ‘n werklikheid is in ons lewe. ‘n Reis waar ons sy wonders in die wêreld sal raaksien
610
(6) Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (7) Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. (8) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
611
(9) Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.
612
In die eerste plek het Jesus vir ons kom wys dat daar ‘n ander werklikheid is buite die aardse een. Nie net het hy soontoe gegaan nie, dit is ook nou vir ons moontlik om na God se wêreld te gaan. Christus berei ons plek vir ons daar voor, daar in die ander dimensie.
613
In die tweede plek was Jesus se hemelvaart nie eenrigtingverkeer nie. Veertig dae later stuur Hy vir sy dissipels ‘n geskenk: die Heilige Gees om hulle by te staan. Hierdie Gees van Jesus maak dit vir ons moontlik om te sien dat daar meer is in ons lewens as dit wat ons kan sien. Hierdie Gees maak dit vir ons moontlik om as verteenwoordigers van God se koninkryk te lewe.
614
Het jy al ooit gedink wat dit aan jou kan doen as jy die rol van Jesus in ‘n passiespel moet speel? Want jy sien, as jy die rol van Jesus moet speel, moet jy mos in die karakter inklim, soos die drama-mense sê. Dan moet jy in ‘n sekere sin Jesus word. Sjoe, dit klink amper godslasterlik as mens dit so sê. Hoe sou dit wees om Jesus te wees? So ‘n vraag laat mens ongemaklik.
615
Ek beskou myself nie as ‘n toneelspeler nie. Ek ken nie drama-tegnieke nie. Ek weet nie eers waar om te begin nie. Maar gelukkig, liewe Christen, het Jesus vir ons ‘n afrigter gestuur wat sy storie ken. Die Heilige Gees is die Gees van Jesus. Hy fluister die woorde vir ons. Hy rig ons af. Soos Jesus in versoeking kom, kom ons in versoeking. Soos Jesus huil oor sy vriend, huil ons ook. Soos Jesus verraai word, word ons verraai. Ons word ook kwaad in die tempel. Ons word gekruisig. Deur die krag van God staan ons op. En die Heilige Gees, ons afrigter, wys ons wat om te doen. Sodat die wêreld se oë kan rek wanneer hulle sien dat Jesus nog steeds hier op aarde rondloop.
616
Hierdie keer vertel ek net ‘n storie. Ek krap so met my vingerpunte aan wat die storie beteken. Daar lê iets in die gebeure, maar ek weet wraggies nie wat nie. Dalk kan jy vir my sê. Of miskien is dit soos ‘n “van-der-merwe-loop-in-die-kroeg-in”-grappie; as jy die punchline moet verduidelik is die joke ‘n flop. So is die lewe mos ook: onverduidelikbaar. Dit ís net. Mense spin van alle kante hulle drade deur die bosse van hulle lewens en êrens in die harwar kruis die drade op die vreemdste maniere. Dan hoor jy skielik vreemdelinge se stemme en jy ontdek dat hulle al die tyd bekend is. Of so iets.
617
Een middag ‘n maand of wat terug het sy en my spesiale vriendin by my aangekom om hulle kar vir die middag by my te parkeer. En Lieze, totaal teen haar aard, is so stil soos ‘n muis. Sy wandel soos die twaalf verspieders tussen die leiklippe en hondemis deur in die rigting van my voorhekkie. En wandel nog dieper in haar gedagtes al die pad terug tot in my Fordjie. Die aand sê sy vir my geliefde: “Bel Naudé en vra hom waar sy ‘Onse Vader’ skilderyis.”
618
So jaar of wat gelede kyk ek die fliek “Surrogate”. So tipiese Sci-Fi movie wat in die toekoms afspeel. Teen daai tyd het die mense al agtergekom hoe onveilig die regte wêreld is. (Ons in Gauteng weet dit mos al lankal met ons hi-jacks, rowe, en die occasional oor jou voete val .) Daarom, met die hulp van tegnologie hoef die aardbewoners nie meer di ebuitewêreld aan te durf nie. 95% van die wereld mense lê in ‘n spesiale stoel en hulle breine en alles word aan ‘n masjien gekoppel. En buite laat die masjien hulle life-like “surrogates” rondloop. Én praat en natuurlik alles doen wat jy graag wil doen maar nie die moed voor het nie. Hoe sal jou surrogate lyk as jy een kan kies? Dalk soos jy? Miskiieeen.... Seker net so bietjie beter, bietjie jonger. Aan die ander kant, terwyl ons nou besig is, kom ons maak hom sommer net soos ons wil. En so word die ghrieserige Amerikaanse (manlike) chipsvreter wonderbaarlik verander (met die klap van ‘n tegnologiese towerstaf) in ‘n babe wat Marilyn Monroe laat groen word van jaloesie. (En enige jongman laat rooi word van fantasie.) Scary. Die verskil tussen facebook en “surrogates”? Niks. Net ‘n bietjie meer tegnologie. Bou vir jou jou eie identiteit. Lewe agter ‘n veilige masjien waar jy geen risiko’s hoef te neem nie. Leef jou drome op ‘n plek waar niemand sal weet wie jy eintlik is nie.
619
Ek wil ‘n alternatief voorstel. Ek weet dit gaan nogals radikaal klink. Maar here goes: Leef jou drome in jou regte lyf. Bou vir jou ‘n identiteit in jou regte vleis. Miskien is dít die rede vir ons identiteits-jag op die sosiale media: ons besef nie mooi wie ons is nie. Wie is jy? En hier’s ‘n uitdaging vir ‘n Christen: Jou en Jesus se identiteite is so in mekaar gevleg soos... Google en Gmail . God het nie ‘n surrogate geword nie; Hy het geweet al ding wat kan werk is die real McCoy. Daar’s net een lewe wat saak maak, die een wat is waar jou lyf is
620
Gal 2:19-20 Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
621
Ter voorbereiding van die winter sportseisoen wat voor die deur lê, het die skool ook ’n rugby bekendstellingsaand onlangs in die Reüniesaal gehou met die doel om veral die nuwe seuns en -ouers in te lig waaroor Grey-rugby gaan asook watter verwagtinge die skool gedurende die seisoen aan alle betrokkenes gaan stel. Grey Kollege spog nie net met ’n ryke tradisie van uitnemendheid in rugby wat 45 Springbokke insluit, asook die meeste S.A. Skole rugbyspelers van alle skole in Suid-Afrika nie (meer spelers as die Leeus-, Bulle- en Haaie-rugbyunies gesamentlik) maar het ook ’n spesiale rugby kultuur wat onveranderd oor baie jare gebly het. Sommige van hierdie gebruike, wat deel van hierdie spesiale kultuur vorm, sluit byvoorbeeld in dat Grey-seuns nie op mekaar spring en mekaar omhels wanneer hul drieë druk nie, maar mekaar slegs die Grey-handdruk gee, asook dat ouers nie toegelaat word om langs die veld te skree en ’n spektakel van hulself, en indirek die skool, te maak nie. Slegs die eerste rugbyspan en ’Cherries’ speel ook met nommers op hul truie terwyl alle seuns aangemoedig word om alle ander wedstryde wat plaasvind te ondersteun - of ’n seun vir die eerste- of tiendespan speel, is dus ewe belangrik by Grey Kollege. Seuns reis ook byvoorbeeld in spanverband saam na weg-wedstryde ten einde gees te bou en ouers word aangemoedig om die seleksieproses aan die afrigters oor te laat.
622
Gedurende die afgelope twee Vrydae se saalperiodes het Fred Barbakow, oud-Grey wat in 1959 gematrikuleer het, asook Anri Smith the seuns en personeel toegespreek. Fred Barbakow het veral bekendheid in endodontologie bereik en was ’n stigterslid in beide Switserland asook Duitsland is sy gekose professionele verenigings. Hy het egter ’n studie van die planeet Mars gemaak en het die seuns meer vertel van die wedloop om die eerste mens op Mars te plaas en watter uitdagings dit bied. Anri Smith het op haar beurt die afgelope Vrydag die seuns meer ingelig oor die gevare wat sosiale media inhou en hoe noukeurig die seuns aan hul sosiale media profiele moet bou aangesien baie werkgewers deesdae hierdie profiele as ’n vertrekpunt vir die bied van werksgeleenthede gebruik. Sy het voorts daarop gewys dat ’n mens se sosiale media profiel die kultuur van ’n gegewe maatskappy moet weerspieël ten einde deur die maatskappy aangestel te word en dat die Grey-seuns se profiele dus ook die kultuur en waardes van Grey Kollege moet weerspieël.
623
Die afgelope Dinsdag was die skool in rep-en-roer met die gebruiklike opwinding wat net deur die viering van Valentynsdag by die skool gepaard kan gaan.
624
Met die boulwerk-peutery van Sri Lanka gaan die leërskare in gaan in ‘n wolk van kontroversie in die reeks. Die kaptein, Dinesh Chandimal, sal waarskynlik nie ‘n rol speel in die reeks nadat hy erken het dat die ICC se gedragskode tydens die getekende toets wel plaas gevind het teen die Wes-Indiese Eilande verlede maand.
625
Die kaptein, Faf du Plessis, kan egter minder op sy vinnige mans en meer op sy spinners gebruik maak, aangesien die omstandighede in Galle net die stadiger mans pas.
626
Die 21ste eeu, die eeu waarin ons ons tans bevind, het in die jaar 2001 in aanvang geneem en sal teen die einde van die jaar 2100 ten einde kom.
627
Die begin van die 21ste eeu is gekenmerk deur die 2001-09-11 terroriste-aanvalle in die VSA, en die oorloë as gevolg daarvan.
628
Ietwat later is die gietvorm-tegniek gebruik waar gesmelte glas in ’n gietvorm ingeforseer of glasstukkies die vorm gegooi en dan saamgemelt is. ’n Gegote houer is daarna getemper (stadig afgekoel in ’n spesiale kompartement van die glasoond) en dikwels geslyp en gepoleer om die ruwe rande glad te maak.
629
Dit is moeilik om te glo dat die eerste maand van 2017 reeds agter die rug lê. Soos gewoonlik is Februarie ’n maand van politieke en finansiële veranderinge in Suid-Afrika. Eerskomende Donderdag, 9 Februarie, lewer President Jacob Zuma die jaarlikse Staatsrede in die parlement. Suid-Afrikaners sal tot 22 Februarie se […]
630
Die opdrag in die URL is ongeldig. U het moontlik 'n tikfout gemaak of 'n ongeldige skakel gevolg. Dit kan ook dui op 'n fout in die sagteware van translatewiki.net.
631
Ons tydjie is nou min in die VSA, maar ons sien geweldig baie uit na Mexico en die ander Sentraal Amerikaanse lande. Die bike loop nou vir die eerste keer in 'n lang tyd 100%! Prys die Here vir dit. Die nuwe 'Throttle Bodies' maak 'n groot verskil en die bike is weer 'smooth' met die wegtrek en stadige verkeer-ry. Die buste op die as wat die 'butterfly' werk was uitgewerk, en laat dan onegalige lug deur, wat veroorsaak dat die bike 'ruk en pluk' onder 3000 RPM. Het gestir die olie afgetap van die dif, en na 9000km is die olie 100% skoon, met niks metaal in nie. Die vorige bearings het metaal skaafsels in gehad op dieselfde afstand. Ek reken dit sal nog so 8,000 - 10,000 km wees tot in Panama, waar ek weer die bike sal diens en nuwe buitebande opsit. Dan seker nog so 20,000km vanaf Colombia na Ushuaia (Argentinie).
632
Die Everglades was nog altyd op my lysie van plekke om te besoek in die VSA, en die park het ons nie teleur gestel nie. Die enigste nadeel van die park is die muskiete wat sonder ophou lastig is, maar nou ja, dis nou maar deel van die paket. Die Everglades is 'n geweldige groot Park in die Suid Weste van Florida, en mens moet eintlik een van daardie wind-propeller plat-bodem bote he om 'n groot deel van die park te verken. Maar ongelukkig is hierdie boot-ritte 'n groot aantreking vir toeriste en die pryse nie in ons begroting nie. Ons het wel baie gesien van die pad se kant af. 'n Groot deel van die park bestaan uit grasland wat in stadig-lopende water groei. Daar is 'n paar 'eilande' in die moeras-agtige terein wat bekend staan as 'Hamock's, met regte oerwoud agtige plante wat daar groei. Die Everglades is ook die enigste area in die wereld waar die Krokedil en 'Aligator' tesame voorkom. Die Aligator lyk baie soos die krokedil, maar sy bek is meer plat en dit wil voorkom of hulle nie so agresief is soos ons krokidille in Suid Afrika nie, want mens kan nogals naby hulle kom. Aan die Noordekant van die park loop 'n pad wat heet "Aligator Alley", en eg aan sy naam het ons honderde 'aligators' in die kanaal langs die pad gesien. Meeste was aan die klein kant (1-2m), maar daar was paar menere van 4m en langer ook.
633
Dis een ding wat ons geleer het van die CMA hier in die VSA, die mense se harte is van goud en hul gesindheid baie nederig. Ons in Suid Afrika kan baie leer van hulle. . . . . . .Van Baton Rouge (Louisiana) af het ons maar op die groot Interstate gery, want die weer was net te koud om te 'explore', en daar was erge storms op pad na daardie area. Nog 'n ding wat ons geleer het hier in die VSA, is dat hulle storms van 'n ander klas is as wat ons ken. Hulle storms verniel alles wat in die pad kom, en die reen is harder as wat ek al ooit in my lewe ervaar het, dit laat die Kaapse winterreen na 'n 'drizzle' lyk. So 4 dae na ons weg is uit Louisiana, was daar Tornados deur die gebied wat ons gery het wat geboue vernietig het, 'n ander lewe die.
634
die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition short description about die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition Not available | die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition is pdf file PDF file
635
die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition short description about die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition Not available | die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition is doc file DOC file
636
Minnie het volgens ’n polisiebron Maandagoggend na ’n vriend se kleinhoewe gegaan en gesê hy wil wegkom van almal en alles. Die vriend is later weg en met sy terugkeer was Minnie nie in sy kamer nie. Hy het hom gaan soek en op die kleinhoewe dood aangetref. Daar was ‘n vuurwapen langs hom.
637
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar's 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf - of hy, en hulle, oorleef dalk nie.
638
'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag 9 Augustus landwyd draai.
639
Dankie Koos, het dit afgelaai en gedruk. Dis baie handig. Hoop hulle gradeer dit op na die petrolenjins toe ook.
640
Die aard van borgverrigtinge met spesifieke verwysing na die toepassing van die reels van die bewysreg op sodanige verrigtinge 
641
Ons is nie noodwendig teen dagga nie. Blykbaar kan dit vir pyn aangewend word en in plaas daarvan om te huil, lag mens die hele tyd vir cartoons op televisie en drink baie water. Wat wel bietjie onder die kraag krap is optrede van die gereelde daggaroker.
642
Persoonlik is ek bly dat ek nie mofgerook moes wees voor ek dit agtergekom het nie. En dat ek nie met sulke halfmas oë en ‘n moerse paplip-glimlag by paarties sit terwyl die wêreld verbydraf nie.
643
In die eerste plek, wanneer die maak van keuses, Zui is altyd vergelyk verskillende soorte toestelle. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat jy dié toestelle wat aan jou behoeftes voldoen, wat meer delikate in struktuur is en vereis minder ruimte vir dieselfde funksie moet kies.
644
Maar selfs indien die toepaslike toerusting gekies, is daar dalk 'n paar probleme in die werklike toepassing. Op die oomblik, ons nodig het om te oorweeg of die instelling van die spuit droër enige probleme, soos of die voeding spoed, temperatuur instelling is redelik, en die eienskappe van die materiaal self, ens, en dan weer aan te pas dit
645
Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.
646
Dit is hier, in die gewelddadige omgewing van die tronk, dat AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik om die geharde misdadigers te vermaak en sy status te verhoog, terwyl sy vriend, Gimba, ’n ander pad inslaan om sy veiligheid te waarborg.
647
Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, gaan hy voort met die verhouding met sy vriendin, Jenny (Tarryn Wyngaard) en probeer gevolglik fokus op skryf om haar te beïndruk, maar sy bendevriende oortuig hom om ’n laaste keer weer by hulle aan te sluit, ’n besluit wat skokkende gevolge vir hulle almal het.
648
Noem My Skollie is ’n grootskerm-rolprentervaring wat kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Vlaktes wat nog nooit op so ’n outentieke manier uitgebeeld is nie.
649
Die rolprent is pragtig verfilm met fyn aandag tot detail, die gemoed van die 1960’s en bied oortuigende vertolkings deur ’n n groep vereerde Suid-Afrikaanse akteurs en verfrissende nuwe talent.
650
Noem My Skollie dra die temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde oor. Die titel van die film sinspeel op die ou gesegde dat ’n mens niemand op hulle voorkoms moet oordeel nie en bevorder die opvatting dat elkeen ’n talent het, selfs al is dit somtyds moeilik om te vind en is daar moontlik ‘n prys daaraan gekoppel.
651
John W. Fredericks het sy skoolloopbaan in sy tienerjare vaarwel geroep en het baie jare van sy jeug in die tronk deurgebring. Maar, hy het in sy sestigs daarin geslaag om ’n uitstekende draaiboek van wêreldgehalte te skryf.
652
Noem My Skollie sal aanklank vind by alle Suid-Afrikaanse gehore maar veral by diegene wat die gewelddadige werklikheid van die wêreld van die storie kan konfronteer en bereid is om die oorwinning van die menslike gees te vier.
653
9 Oktober 2016 Dit voel soms asof almal sê hulle glo, maar hulle lewe wys niks van dit nie. Jakobus verduidelik vir ons wat is regte geloof en hoe lyk […]
654
Die “klein”-skoen is geskik vir kinders van kleuterskool tot Graad 4 en die “groot”-skoen is geskik vir kinders van Graad 5 tot Graad 9.
655
As ek dink aan kosbare oomblikke saam met my pa terwyl ek in die huis was, dink ek aan die blik kondensmelk wat hy soms in sy bakkie weggesteek het. Dan het hy met sy sleutel twee gate daarin gesteek en ons het dit tussen die skool en die huis leeggesuig sonder dat my ma van sout of water weet.
656
Ek onthou hoe lief hy vir sy honde was, en hoe hy hulle geleer het om stil te sit met ‘n vleisbeentjie op die neus tot hulle monde water.
657
Ek onthou dat hy altyd praktiese planne kon maak, dat hy nooit te haastig was vir ‘n laaste grappie nie en dat hy altyd tyd gemaak het om my skoolopstelle te lees. Voor elke musiekeksamen het hy my Wimpy toe gevat vir ‘n pienk melkskommel.
658
Hy het al die boemelaars in die dorp se name geken en hom dikwels langs een van hulle op ‘n sypaadjie tuisgemaak om oor ditjies en datjies te gesels.
659
Toe ek universiteit toe is, ‘n regte Sodom en Gomorra vir my plattelandse ouers, het my pa met die groetslag voor die koshuis ‘n brief in my hande gedruk. “Maak nie saak wat met jou gebeur nie,” het hy geskryf, “jy sal altyd my dogter bly, en jy sal altyd welkom wees in ons huis.”
660
Vandag is dié einste pa die een wat planne maak as sy kleindogter op die nippertjie onthou van die musiekinstrument wat sy uit herwinde items moes gemaak het en wat môre moet klaar wees.
661
Susan, so ‘n mooi en kosbare storie en ek is so bly jy en jou kinders het hom nog by julle. My dierbare pa is op 72 huis toe en ek is nou 72. Toe ek dit nou die dag besef, het ek ‘n hartstorie oor hom geskryf en kort-kort moes ek vreugdetrane afvee want hy het my nooit rede gegee om hartseertrane af te vee nie. Hy was die man oor wie ek nooit getwyfel het nie want hy het nie ‘n prys gehad nie en sy ja was ja en sy nee was nee. Toe ek ‘n seuntjie was het ek op sy rug aan die slaapgeraak toe hy my op sy rug gedra het toe my beentjies moeg geraak het.
662
Die oorsaak is waarskynlik baie eenvoudig – die minibus-taxi was vanaf die Kaap op pad na die Transkei – dus ‘n heelwat langer afstand as tussen Cradock en Graaff-Reinet. Dis is verder hoogs waarskynlik dat die minibus-taxi reeds die vorige aand uit die Kaap moes vertrek om die oggend, waartydens die ongeluk plaasgevind het, op weg was op die plek waar die ongeluk plaasgevind het. Dit is dus logies dat die taxi-bestuurder reeds moeg moes wees van die afstand deur die nag afgelê en heelwaarskynlik ook baie vaak. Die ongeluk is dus nie ‘n verrassing nie.
663
Ek kan myself nie indink hoe die ouers wie se kinders oorlede is en Wimpie se familie moet voel nie.
664
Dit help nie ons wil kla oor die taxi”s nie die regering is nie gepla nie, dis nie n prioriteit nie vir hulle is dit nie belangrik genoeg dat daar lewens verloor word nie, tot iemand naby aan hulle sterf sal hulle nie plan maak nie.
665
Hy moet dalk by die ANC aansluit na sy verrottingstermyn in die tronk! Weet hoe om te dodge en dive…en hy betaal ook seker nie vir sy regshulp nie…
666
Ek verstaan nie, hoekom sal Van Breda vra vir n uitstel om die beslissing van die hof te hoor ?? Dis vir my n berig wat eintlik niks se’ nie. As n mens in ag neem dat Mareli verskeie houe met n byl teen haar skedel gekry het, verbaas dit my geensins dat sy aan geheueverlies ly nie. Soms lees n mens iemand het van n perd afgeval en beserings opgedoen, en kan na die tyd niks onthou nie, wat nog as jy oop wonde op jou skedel gehad het. Ek hoop net vir Mareli alles van die beste toe, sy het n verskriklike verlies gelei deur haar familie se dood.
667
Presies rollie sy word met rede nie in die hofsaak betrek nie. Met n boedel van 225m is baie dinge moontlik..
668
Hy het gesê die hospitaal het ʼn oornagfasiliteit waar die ouers verniet in die hospitaal kan oornag. “Ons het gevoel dit is noodsaaklik dat hulle naby die babas bly terwyl hulle hier is. Die ouers het die hele tyd hier gebly. Dis fantasties om te weet dat die babas huis toe gaan, en nie na ʼn primêresorg-hospitaal nie.”
669
Jordaan het gesê Uwenzile en Uyihlelile het ʼn spesiale plek in die harte van die personeel ingeneem, veral die dokters wat vir hul sorg verantwoordelik was.
670
m. As jy die berig gelees het sou jy gesien het dit kos ons belastingbetalers nie een enkele sent nie.
671
Baie vroue dokters betrokke…..baie trots op julle. En net geluk en liefde vir die ouers met hulle baba dogtertjies. God het ons almal geskape na sy beeld.
672
Twaalf Springbokke is tans op die krukkelys en dus nie vir hul Bokpligte beskikbaar nie. Dit is baie meer as die All Blacks en Wallabies se verliese voordat hulle na Suid-Afrika reis vir die oorblywende Rugbykampioenskaptoetse.
673
Ondanks Marcell Coetzee se hoë werkywer en doeltreffendheid, is Willem Alberts se afwesigheid in die nr. 7-trui steeds ’n groot leemte. Hy is een van die mees bedrewe baldraers in wêreldrugby en die vervanging van sy vermoë om die bal met sy krag oor die voordeellyn te kry is stellig vir Heyneke Meyer ’n kopseer.
674
Daarom kan dit Meyer dalk loon om Teboho “Oupa” Mohoje beperkte tyd op die veld te gee. Hy is ’n sterk verdediger en is ’n natuurlike baldraer soos Alberts.
675
Schalk Burger het hom juis tydens die Junie-toetse onder sy vlerk geneem en Burger vervang nou ’n ander sleutellosvoorspeler Francois Louw, wat teen die All Blacks seergekry het. Meyer kan hierdie twee spelers afwissel in die nr. 6-trui of selfs vir Mohoje in Coetzee se plek as ’n impakspeler opstuur.
676
Dan moet daar nie van Warren Whiteley vergeet word nie. Hy bring spoed en ’n meer beweeglikheid na die lostrio en dit kan Saterdag ’n goeie balans teen die minder fisieke Australië skep.
677
Meyer se ander beseringspenarie is op skrumskakel. Fourie du Preez is vir die res van die jaar uit. Ruan Pienaar sal ook vir vier tot ses weke buite aksie wees.
678
Vir dae al is jy al op die wandelpad en terwyl jy besig was om te loop, kruip, spring en klouter het jy nie juis behoorlik
679
John Clare (* 13 Julie 1793, † 20 Mei 1864) was 'n Engelse digter en seun van 'n plaaswerker wat bekendheid verwerf het met sy lofdigte aan die natuur van die Engelse platteland en die versteuring wat daaraan gedurende die nywerheidsomwenteling gedoen is. Sy digkuns is in die laat 20ste eeu herwaardeer sodat Clare tans dikwels as een van die belangrikste 19de eeuse digters beskou word - en as een van min Engelse digters wat op die landelike lewe gefokus het.
680
Clare het ná sy skooltyd in Glinton en 'n kort loopbaan as plaaswerker werk as kroegbediende in die Blue Bell-drinkplek gevind waar hy op 'n jong dame, Mary Joyce, verlief geraak het. Haar pa, 'n welgestelde boer, het hulle verhouding egter verbied. Clare was vervolgens vanaf 1807 as tuinier by die Burghley House-herewoning werksaam, het in 1812 by die Nottinghamshire-burgermag aangesluit, 'n tyd lank in 'n Roma-kamp gebly en in 1817 in Great Casterton en Pickworth in Rutland as kalkbrander gewerk. Hier het hy kennis gemaak met sy latere vrou, Martha "Patty" Turner. Maar in die volgende jaar was hy op die armesorg van sy parogie aangewese.
681
Reeds in die ouderdom van elf het John Clare met digkuns in aanraking gekom nadat sy oom vir hom 'n uitgawe van Pomfret se gedigte geskenk het. Danksy dié werk, wat deur sy pa voorgelees is, het hy 'n liefde vir poësie ontwikkel. Later het Clare 'n uitgawe van die Skotse digter James Thomson (1700-1748) se gedigbundel The Seasons gelees en uiteindelik gekoop. Die bundel het Clare gemotiveer om sy eie gedigte en sonnette te skryf, en so het in 1806 The Morning Walk ontstaan.
682
In 1823 het Clare weer in finansiële moeilikhede beland. Werke soos The Shepherd's Calendar, wat in 1827 gepubliseer en deur die digter self bemark is, het minder aandag by die leserspubliek ontvang. Clare het weer as plaaswerker begin werk, maar kort daarna ernstig siek geword. Graaf FitzWilliam het 'n nuwe plaashuis en 'n stuk grond aan die gesin geskenk wat Clare vanweë sy swak gesondheidstoestand egter nie kon bewerk nie.
683
Clare het al lank in 'n spanningsveld tussen twee wêrelde verkeer - literêre Londen en sy dikwels ongeletterde bure, sy kreatiewe drang om gedigte te skryf en die noodsaaklikheid van 'n gereelde inkomste waarmee hy in die behoeftes van sy gesin kon voorsien. Hy was nie net liggaamlik siek nie, maar het ook in 'n diep depressie verval wat erger geword het ná die geboorte van sy sesde kind in 1830, terwyl sy digbundels maar swak verkoop het. In 1832 het Clare se vriende en Londense beskermhere saamgespan om die Clare-gesin in 'n nuwe en groter plaashuis op 'n kleinhoewe in Northborough, 'n dorp naby Helpston, te vestig. Clare het egter steeds meer vervreemd geraak.
684
Jou foto’s is regtig besonders! Ek “blaai” gedurig deur jou albums! Jy is ‘n fotograaf wat ‘n mens nie aldag kry nie! Jy HET TALENT!!!
685
“Vrees Fokol” is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..
686
Spoggerig voeg hy by: “Ons was trotse Bellevuers! Ons manne het rêrig geglo ons was so ’n treetjie in alle opsigte voor die kêrels van Monte Bello.”
687
Bellevue is trots om vir die afgelope honderd en twaalf jaar deel te kon wees van HJS se vooruitgang en streef daarna om te alle tye ’n koshuis vol liefde en respek te wees, waar die seuns waardes leer wat hulle nie net in die hede nie, maar ook in die toekoms ná skool kan toepas. Die feit dat ons ware here die buitewêreld wil instuur wat respek vir hul medemens het en deur ‘n voorbeeld lei, maak van Bellevue die perfekte koshuis.
688
duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm
689
Spoegwolf het in 2012 ontstaan toe die lede; Danie, Chris, Albert en Moskou saam in die Paarl op skool was. Danie en Moskou is ook broers. Danie skryf die liedjies en doen die stemwerk. Chris sorg vir die kitare, klawers en die produksie. Albert is op baskitaar, terwyl Moskou die dromme en perkussie behartig.
690
Hul jongste album, Die Donker Toring, is akoesties goed versorg en die liedjies bevat temas wat allerdaags is, maar wat min oor sing. Snitte met titels soos Geel, Hartaanval en Seer maak jou so nuuskierig dat jy wil spring deur die snitte en weer terugkom na waar jy was.
691
Hierdie album is nie net vir die jeug nie, maar beslis vir enigeen wat van rou, eerlike musiek hou. Die album het ontwikkel in ’n ateljee in Stellenbosch waarna die grootste gedeelte opgeneem is by Sunset Recording Studios deur Gurgen von Wechmar.
692
Wanneer die laaste snit uitdoof, verstaan jy hoekom hulle ook tans benoem is vir ’n Ghoema-toekenning! Spoegwolf gaan nostalgie skep vir ’n nuwe generasie.
693
'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug.
694
Die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 'n swartgeverfde skoorsteen. In daglig verhit die sonenergie die skoorsteen wat die lug daarbinne verhit en 'n opwaartse stroom lug daarin bewerkstellig. Die suigkrag wat deur die lugstroom by die skoorsteen se basis veroorsaak word kan gebruik word om ventilasie en verkoeling van die gebou daaronder te bewerkstellig. In die meeste wêrelddele is dit gewoonlik makliker om windkrag vir sulke ventilasie doeleindes te benut, maar nie op warm windlose dae wanneer so 'n toring ventilasie kan verskaf waar daar andersins geen ventilasie sou wees.
695
Hierdie beginsel is al voorgestel vir die opwekking van elektriese krag, wat 'n groot kweekhuis by die basis gebruik eerder as om op die verhitting van die skoorsteen self staat te maak.
696
In 1903 het 'n Spaanse Kolonel Isidoro Cabanyes die eerste sonskoorsteen in die tydskrif "La energia eléctrica" [1] beskryf. Een van die vroegste beskrywings van 'n sonskoorsteen kragstasie is in 1931 deur die Duitse skrywer, Hanns Günther gedoen. Vroeg in 1975 het Robert E. Lucier aansoek om patente gedoen vir 'n sonskoorsteen toestel; hierdie patente wat sedertdien al verstryk het is tussen 1978 en 1981 toegestaan in die VSA[2], Kanada[3], Australiëē[4] en Israel[5]. Schlaich, Bergerman en Partner het meer onlangs onder leiding van die Duitse Ingenieur Prof. Dr. Ing. Jörg Schlaich 'n kleinskaalse werkende model van 'n sonskoorsteen in 1982 in Manzanares in Spanje, sowat 150 km suid van Madrid met bevondsing van die Duitse regering gebou. Hierdie kragstasie is vir 8 jaar lank suksesvol bedryf en is in 1989 uit bedryf gestel. Die skoorsteen het 'n deursnee van 10 meter gehad met 'n hoogte van 195 meter, met 'n kweekhuis van 46 000 m2 (deursnee van 244 m) gehad en 'n maksimum kraguitset van 50 kW gehad.
697
Daar word tans studies gedoen by 'n ligging in Nieu-Suid-Wallis, Australië, waar beoog word om 'n werkende Sonskoorsteen kragstasie teen 2008 voltooi te hê. Die maksimum kraguitset van die voorgestelde projek kan so hoog as 200 MW wees.
698
Lives change forever when Tau, the young lion, kills two corrupt policemen in a South African shanty town.
699
Liam Neeson is the driving force that helped bring down the White House on this biographical film. A FBI agent, who under the name "Deep Throat" risks everything to help a pair of journalists uncover the Watergate scandal in 1972.