id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
800
Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn. Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.
801
'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar:
802
Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
803
Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.
804
In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.
805
Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.
806
Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA, Engels: United States of America of USA), in die omgangstaal ook net Amerika[n 1] genoem,[9] is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan.
807
Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate
808
Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) en 'n bevolking van sowat 325,7 miljoen is die VSA die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Sy grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as 20 412 miljard VSA-$ in 2018 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter wêreld.[6]
809
Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.[10]
810
Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem.[11] Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.[12]
811
As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap: gematigde woudland aan die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rotsgebergte en reënwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter. Die naaste lande buite die Noord-Amerikaanse vasteland is die Britse oorsese gebied Bermuda in die ooste asook die onafhanklike eilandnasies Bahamas en Kuba in die suidooste.
812
Die huidige terrein van die noordelike Verenigde State is deur gletsers gevorm, wat die noorde van die vasteland in die laaste Ystydperk bedek het. Die vroeëre suidelike kant van die yslaag word nog steeds deur 'n reeks eindmorenes gekenmerk, wat vanaf die eiland Long Island aan die Atlantiese ooskus in westelike rigting tot by die Rotsgebergte loop. Die gebiede noord van hierdie lyn is bedek met ou gletserafsettings. In die berggebiede van die noordweste en in Alaska het die berggletsers duidelike spore van erosie gelaat. Uitgestrekte gletsermere het groot gebiede in die weste bedek, waarvan die Groot Soutmeer in Utah net 'n oorblyfsel is.
813
Wes van die Atlantiese kusvlakte verrys die heuwelagtige Piedmontstreek met sy talle watervalle as 'n soort oorgangsgebied tussen die kusstreek en die Appalache-gebergte. Hierdie bergreeks was miljoene jare gelede nog 'n magtige gebergte, wat intussen deur erosie geslyp is. Die Appalagge loop vanuit die suidooste van Kanada in westelike rigting tot by die Golfkusvlaktes van Alabama. Slegs langs Nieu-Engeland se rotsige kuslyn strek die bergreeks plek-plek tot by die Atlantiese Oseaan. Die gebied van die Appalache en die Adirondack-gebergte van New York maak in geologiese opsig deel uit van die Kanadese Skild en behels die grootste hooglande van die oostelike Verenigde State. Die hoogste bergspits in die ooste is Mount Mitchell in die Swart Berge (Black Mountains) van Noord-Carolina met 'n hoogte van 2 037 meter (6 684 voet) bo seevlak.
814
Die Binnelandse Vlaktes strek oor 'n lengte van sowat 1 600 kilometer (1 000 myl) van die Appalache tot by die Rotsgebergte in die weste en van Kanada in die noorde tot by die kusvlaktes van die Golf van Meksiko. Hulle geologiese onderlaag van sedimentêre gesteentes verwys na die feit dat die vlaktes vroeër 'n groot binnelandse see was; die gesteentes se ryk olie- en gasvoorkomste het van die deelstate Texas en Oklahoma (en die Kanadese prairie-provinsies) die belangrikste olieprodusente in Noord-Amerika gemaak. Die gebied word deur die Mississippi-Missouri-rivierstelsel gedreineer – een van die grootstes ter wêreld.
815
In geografiese opsig word die vlaktes in drie hoofstreke verdeel – die vrugbare sentrale vlaktes – wat tot die belangrikste landbougebied van die VSA ontwikkel het – met die Mississippivallei, die gebied van die Groot Mere en die Groot Vlaktes, 'n boomlose plato van uitgestrekte grasvelde, wat geleidelik van die laer vlaktes tot by die voorgebergtes van die Rotsgebergte verrys. In die randgebied van die Rotsgebergte bereik hierdie gebied reeds 'n hoogte van sowat 1 600 meter, en sy ekonomiese sentrum en hoofstad van die deelstaat Colorado, Denver, word weens sy ligging soms ook die Milehigh City genoem. Die Swart Berge of Black Hills in Suid-Dakota is die enigste hoër geleë gebied, wat midde-in die vlaktes verrys.
816
Die Intermontane Streek, 'n droë gebied met platos, bekkens en kleiner bergreekse, lê tussen die Rotsgebergte en die westelike bergreekse. Die Columbia-plato in die noorde is deur vulkaniese lava gevorm, en die Columbiarivier, wat die gebied saam met sy takriviere dreineer, het diep canyons in die plato gesny. Die uitgestrekte Colorado-plato, wat deur die Coloradorivier en sy takriviere gedreineer word, pronk met die beroemde Grand Canyon, wat deur die rivierwater in die sedimentêre gesteente gesny is en as een van die grootste natuurwonders ter wêreld beskou word.
817
Die gebied wes van die platos is feitlik 'n halfwoestyn en word deur bekkens en kleiner bergreekse gekenmerk. Hier lê ook die laagste punt van Noord-Amerika, die Death Valley ("Doodsvallei"), sowat 86 meter (282 voet) benede seevlak. Die Groot Bekken is die grootste van sy soort in die gebied, met die Humboldt as sy belangrikste rivier en 'n groot aantal soutmere, waaronder ook die Groot Soutmeer van die deelstaat Utah. Die riviere in hierdie bekken mond nie in die oseane uit nie, maar binnelands. Die Groot Soutmeer is net 'n oorblyfsel van 'n magtige soetwatermeer uit die Ystydperk.
818
Net soos byvoorbeeld Sentraal-Europa word groot dele van die Noord-Amerikaanse vasteland oorheers deur westelike winde en 'n opeenvolging van laagdrukgebiede (siklone), wat in die gebied van die Aleüte-eilandgroep ontstaan en afwissel met hoëdrukgebiede. Net soos ander gebiede in die gemiddelde breedtegrade, word ook die Verenigde State deur onbestendige weer en 'n opeenvolging van koue en warmfronte gekenmerk. Die siklone of koue fronte, wat gewoonlik in westelike rigting oor die vasteland beweeg, verskil van sy Europese eweknieë soms deur hulle tregtervormige werwels of tornados – atmosferiese versteurings, wat dikwels groot skade berokken.
819
'n Tweede belangrike verskil is die ligging van die grootste gebergtes. Terwyl die Europese Alpe in wes-oostelike rigting loop en die suide van Europa teen koue fronte uit die noorde beskerm, loop Noord-Amerika se grootste bergreekse, die Kusgebergte en die Rotsgebergte, in noord-suidelike rigting en verhinder dus dat vogtige en gematigde lugmassas vanuit die Stille Oseaan na die binneland kan beweeg. Die hooglande tussen die Sierra Nevada en die Rotsgebergte lê gevolglik net soos die Groot Vlaktes in die reënskadu van hierdie bergreekse. Hierdie besonderse reliëf verklaar ook die feit dat groot woestyngebiede soos die Mojave- en Gilawoestyn net enkele honderd kilometer van die kus af lê.
820
Die weskus van die VSA is 'n tipiese winterreënstreek, waarvan 'n klein gedelte in Kalifornië deur 'n Mediterreense klimaat gekenmerk word. Die koeler klimaatstreke van die noordelike deelstate Oregon en Washington is die natste in die land met 'n jaarlikse reën- en sneeuvalle van soms meer as 2 500 millimeter. Die Verenigde State bestaan dus rofweg uit 'n droë gedeelte in die weste en 'n humiede gedeelte in die ooste. Die oostelike landsdele het hulle vogtige klimaat aan die invloed van die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan te danke. Die suidelike deelstate is baie vogtig en het hulle swaar reënvalle op tussen sewentig en tagtig dae per jaar aan donderstorms en 'n aantal orkane in die najaar te danke. Die weer in die suide is dikwels baie warm en bedompig. Die hitte en verstikkende bedompigheid van die somermaande was 'n belangrike rede vir die gebruik van slawearbeid op die plantasies van die suide.
821
Die mees digbevolkte gebiede van die sogenaamde manufacturing belt, die groot historiese nywerheidsgebiede, lê in die vogtige en gematigde klimaatstreke tussen die Mississippirivier in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die oostelike gedeelte was oorspronklik 'n gebied van uitgestrekte bosse, terwyl die Groot Vlaktes, die hartland van Amerika, deur grasvelde gekenmerk word. Hierdie vlaktes maak reeds deel uit van die droër westelike gebiede, maar is feitlik 'n soort oorgangsgebied met periodes van hoër en laer reënvalle. Die eerste verkennings van die gebied teen die middel van die 19de eeu het gedurende 'n vogtige periode plaasgevind en die oortuiging laat posvat dat die vlaktes 'n uiters geskikte gebied vir akkerbou en veeteelt sou wees. Die eerste setlaars het later egter besef dat reënvalle in die vlaktes wisselvallig is en die gebied deur periodieke droogtes geteister word.
822
Die bergreekse van die weste kry baie reën en spog met uitgestrekte bosgebiede. Danksy besproeiing is daar 'n florerende landbousektor in 'n aantal valleie.
823
Die gebrek aan 'n soort kontinentale versperring in die vorm van 'n bergreeks, wat dwarsoor die vasteland in oos-westelike rigting loop, lei daartoe dat koue fronte uit die poolgebiede en warm fronte met tropiese lugmassas uit die suide ongehinderd oor die Groot Vlaktes kan beweeg. Vogtige, warm lugmassas bereik soms selfs die suide van Kanada en bevorder die groot aantal donderstorms en bedompige weer in die Amerikaanse Midweste. Weerstoestande verander skielik, en met die sogenaamde Northers beweeg uitgestrekte koue fronte soms na die uiterste suide, waar hulle byvoorbeeld sitrusplantasies in Florida bedreig. Florida en ander deelstate in die suide lê daarnaas in 'n gebied, wat dikwels deur orkane getref word.
824
Die geskiedenis van die Indiaanse kolonisasie van die Amerikaanse vasteland bly nog steeds die onderwerp van navorsing. Aangesien daar geen oorblyfsels van hoogs ontwikkelde mensape gevind is nie en die Eerste Nasies (Indiane) tipiese mongoloïede kenmerke het, woord daar vermoed dat die eerste menslike bewoners vanuit Asië gekom en vir hulle immigrasie 'n landbrug gebruik het, wat in die Ystydperke met hulle laer seespieël tussen die Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan het.
825
Frankryk se koloniale aktiwiteite is steeds deur sy politieke betrokkenhede op die Europese vasteland belemmer, en die godsdienstige verdeeldheid in die 16de eeuse Frankryk is weerspieël deur die stigting van afsonderlike Protestantse en Rooms-Katolieke nedersettings in Noord-Amerika.
826
Die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazano het in 1524 in Franse opdrag onder meer die skiereiland Manhattan verken, terwyl Jacques Cartier in 1534 die huidige Quebec bereik het. Die erste Franse nedersettings het egter eers in die tydperk tussen 1562 en 1564 ontstaan, toe Hugenote 'n kolonie noord van die skiereiland Florida gestig het. Hierdie nedersetting is deur die Spanjaarde as 'n bedreiging vir hulle eie gebiede beskou en gevolglik vernietig.
827
Seevaarders op soek na die Noordwestelike Deurvaart soos Martin Frobisher en Henry Hudson was die eerstes, wat die Noord-Amerikaanse vasteland teen die laat 16de en vroeë 17de eeu begin verken het. Sir Walter Raleigh se pogings om 'n Engelse nedersetting in die huidige deelstaat Virginië te stig, het in die 1580's misluk. Die Londense Kompanjie, wat 'n oktrooi vir die gebiede tussen die 34ste en 38ste noordelike breedtegraad ontvang het, was in 1607 meer suksesvol en het onder die leiding van kaptein John Smith 'n fort in die Chesapeakebaai van Virginië laat oprig. Die klein aantal oorspronklike koloniste is deur hongersnood, malaria en aanvalle van Indiane geteister, en alhoewel nuwe setlaars hulle in 1607 en 1608 in die kolonie gevestig het, het van die geskatte bevolking van sewehonderd mense minder as tien persent oorleef. Die oorblywende koloniste was in 1610 reeds van plan om die kolonisasie van die gebied vir goed te staak.
828
Dit het die vasberadenheid, moed en uithouvermoë van 'n leier soos Lord Delaware geverg, wat teen hierdie tydperk met 'n nuwe groep immigrante voet aan wal gesit het, om met die kolonisering voort te gaan. Aanvanklik is Jamestown as nuwe hoofstad van die kolonie gestig en in 1699 deur Williamsburg vervang.
829
Die bekendste landing van setlaars was egter dié van die Puriteinse Pelgrimvaders, wat in 1620 op hulle skip Mayflower Bostonbaai in die huidige Massachusetts bereik het – 'n gebied, wat aan die destydse Plymouth-Kompanjie behoort het. Die eerste nedersetting, New Plymouth, was suid van die huidige Boston geleë en die beginpunt van 'n grootskaalse volksplanting in die gebied. In die volgende twintig jaar het die kolonies sowat 25 000 Engelse immigrante gelok, en weens die godsdienstige en politieke verdeeldheid van die setlaars het voortdurend nuwe kolonies ontstaan. In die tyd van die Amerikaanse Rewolusie was daar reeds dertien kolonies. Die meeste van hulle was kroonkolonies, wat deur 'n koninklike goewerneur bestuur is. 'n Aantal kolonies het op die basis van 'n oktrooi ontstaan, en hierdie groep het naas Massachusetts ook Rhode Island en Connecticut ingesluit. 'n Derde groep was privaatbesittings, met Maryland, wat aan Lord Baltimore geskenk is, as 'n Rooms-Katolieke nedersetting, en Pennsilvanië, wat aan die Quaker-leier William Penn geskenk is. Naas die Quakers het ook ander godsdienstige groepe soos die Morawiërs en Mennoniete (of Pennsilvanië-Duitsers) kolonies in Pennsilvanië gestig. Laasgenoemde het in 1683 Germantown, 'n voorstad van Philadelphia, gestig. Weens die groot aantal Duitse setlaars het Duits selfs 'n mededinger van Engels as omgangstaal in die streek geword.
830
Teen die laat 17de eeu is klein plase in die suidelike kusgebiede toenemend verdring deur groot plantasies, wat danksy die invoer van negerslawe vinnig gegroei en hulle oorwegend op die verbouing van tabak, rys en later ook die kleurstof indigo toegespits het. Aanvanklik het ook pelshandel en houtproduksie 'n belangrike rol gespeel. Die suide was in die koloniale tydperk die mees landelike streek in Amerika, en net 'n klein aantal groter dorpe het hier ontwikkel.
831
In politieke opsig het die kolonies hul eie verteenwoordigende instelings ontwikkel, waaronder die koloniale vergaderings. Nogtans was deelname van die politieke lewe min of meer gekoppel aan 'n burger se rykdom. Veral in die kolonies, wat as persoonlike besittings gestig is, het setlaars in opstand teen die uitvoerende gesag gekom. Die belangrikste griewe was die ongelyke verdeling van land – die meeste landgoedere was die eiendom van 'n klein aantal welvarendes, wat oor die algemeen in Engeland woonagtig was-, en militêre en religieuse vraagstukke. Dikwels was die verskillende Christelike denominasies in 'n magstryd teen mekaar gewikkel, waarin kwessies soos oorheersing en konformiteit 'n groot rol gespeel het.
832
Die Britse handelsregulasies, wat veral op die bevordering van die koloniale landbousektor gemik was, het die groei van die kolonies se handel en nywerhede in die 18de eeu beperk. Nogtans was daar ekonomiese en maatskaplike vooruitgang, wat geleidelik 'n soort nasionale bewussyn laat ontstaan het. Daarnaas het die Verligting en die vroeë tersiêre instellings – waaronder universiteite soos Harvard en King's College (tans die Columbia-universiteit) 'n groot invloed op die intellektuele lewe van die kolonies uitgeoefen.
833
In 1776 het verteenwoordigers van die dertien kolonies ten gunste van die Onafhanklikheidsverklaring gestem en sodoende die Verenigde State van Amerika gestig. Danksy 'n politieke en militêre verbond met Frankryk, wat in 1778 gesluit is, het die VSA uiteindelik hulle militêre slaankrag aansienlik verhoog. Groot Amerikaanse oorwinnings soos in die Slagte van Saratoga (1777) en Yorktown (1781), waarin twee groot Britse leërs gevange geneem is, het Groot-Brittanje gedwing om in 1783 die Vrede van Parys te onderteken, waardeur hulle die VSA amptelik as 'n onafhanklike staat erken het. Dit was Groot-Brittanje se eerste nederlaag sedert die Honderdjarige Oorlog met Frankryk wat tegelykertyd ook die ondergang van Groot-Brittanje se Atlantiese ryk bestempel het.
834
Die weswaartse verskuiwing van die bewoonde gebiede se grense, die frontiers, die Amerikaanse mite van 'n "land van onbeperkte moontlikhede" vir almal en 'n smeltkroes (melting pot) vir alle immigrante oefen 'n sterk invloed op die lewensbeskouing, kultuur en selfbeeld van die Amerikaanse bevolking uit.
835
Die wette, wat op die gelykberegtiging van Swartmense gemik was, is deur klousules omseil – die stemreg was byvoorbeeld aan intelligensietoetse gekoppel, en in die openbare lewe is 'n verpligte rasseskeiding ingevoer wat van Swartes weer 'n onderdrukte minderheid gemaak het.
836
Die Amerikaanse buitelandse beleid is sedert die middel van die 19de eeu dikwels sterk deur ekonomiese en finansiële krisisse beïnvloed. Die internasionale optrede as 'n nuwe grootmoondheid is vanweë die negatiewe gesindheid van die openbare mening as 'n morele verpligting teenoor ander nasies omskryf en was dikwels op ekonomiese invloed en druk gebaseer. Dit het gevolglik ook as "dollar-imperialisme" bekend gestaan.[13]
837
Die Amerikaanse betrekkinge met Groot-Brittanje het daarenteen verbeter. Die Britte het in 1901 ingestem om die omstrede bou van die Panamakanaal aan die Amerikaners oor te dra en in 1903 'n oplossing vir die Alaskaanse grensgeskil tussen die VSA en Kanada onderteken.
838
In 1910 het die VSA 'n rewolusie in Panama aangewakker om die land se onafhanklikheid van Colombia te bevorder. Vier jaar later is die Panamakanaal ingewy.
839
Die bewaring van die wêreldvrede het 'n sentrale rol in die Amerikaanse buitelandse beleid gespeel, soos byvoorbeeld uit die land se deelname aan die Haagse Konferensies geblyk het. Toe die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, het president Woodrow Wilson (1913–1921) aanvanklik sy neutrale houding volgehou en sy herverkiesing in 1916 met 'n politieke program verseker waarin sy vredesbeleid bevestig is.
840
In die praktyk was die Amerikaners nogtans simpatiek teenoor die geallieerde magte, veral die Verenigde Koninkryk en Frankryk, en alhoewel die Britte net soos die Duitse Ryk die Amerikaanse neutraliteit op see nie eerbiedig het nie, is aanvalle deur Duitse duikbote as 'n ernstiger bedreiging beskou. In reaksie op die Duitse aankondiging van 'n "totale duikbootoorlog" het die VSA in Februarie 1917 hul diplomatieke bande met Berlyn verbreek. Die politieke spanning tussen die twee lande het verder toegeneem nadat die Britse regering 'n Duitse telegram van 19 Januarie 1917 gepubliseer het waarin Berlyn probeer het om Meksiko tot 'n toetreding tot die oorlog te oorreed. Op 6 April 1917 het die VSA openlik die geallieerdes se kant gekies en tot die oorlog toegetree. Hierdie besluit het danksy die VSA se groot mannekrag en sy vermoë om vir enorme hoeveelhede oorlogsmateriaal te sorg 'n beslissende wending in die oorlog veroorsaak.
841
Die Verenigde State het wél 'n beduidende rol by die konferensies oor ontwapening op see en die totstandkoming van die Kellogg-Briand-ooreenkoms gespeel wat oorlogvoering verdoem het, maar oor die algemeen het isolasionistiese gevoelens die buitelandse beleid oorheers. Die land het min belang gestel in internasionale belange, 'n neiging wat in sy nasionalistiese ekonomiese beleid – soos die geforseerde terugbetaling van oorlogskuldlaste deur Europese lande en wetgewing ten gunste van diskriminerende invoertariewe soos dié van Hawley-Smoot – weerspieël is.
842
Die Neutrality Act van 1935 het die VSA se neutraliteit verder beklemtoon en die verkoop en lewering van wapens aan oorlogvoerende lande verbied, tog het nuwe wetgewing in 1937 die verkoop van wapentuig teen kontant ook aan state moontlik gemaak wat by militêre konflikte betrokke was. Roosevelt het daarop gewys dat die demokratiese wêreld in 'n bestaanstryd met diktatoriese state gewikkel sou wees. Diktature sou die wêreld volgens hom met 'n "bewind van terreur en regteloosheid" bedreig. In sy sogenaamde "Kwarantyn-toespraak" in Chicago op 5 Oktober 1937 het Roosevelt beklemtoon dat neutraliteit teen die "epidemie van regteloosheid" nie meer moontlik sou wees nie.
843
Die Verenigde State het sy groot hulpbronne met sukses begin mobiliseer en 'n groot aantal nywerhede in fabrieke vir wapentuig omskep, terwyl sy menslike hulpbronne – miljoene jong mans en vroue – die vorming van 'n groot weermag moontlik gemaak het. Die stigting van talle regeringsagentskappe, wat die vervaardiging en vervoer van militêre goedere en die beheer oor die land se gewapende magte gekoördineer het, het 'n ongekende vlak van regeringsinmenging in Amerika se alledaagse lewe saamgebring. Om inflasie en ander versteurings in die nasionale ekonomie te keer, is rantsoenering, prysbeheer en ander maatreëls toegepas.
844
Die oorlog het die belangrikheid van Amerika se hulpbronne en sy status as 'n grootmoondheid op wêreldvlak bevestig. Saam met die leiers van die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie, Winston Churchill en Josef Stalin, het Roosevelt in 'n reeks spitsberade in Moskou, Casablanca, Kaïro, Teheran en Jalta die geallieerde oorlogsbeleid en programme vir die tyd ná die oorwining oor die Spilmoondhede vasgelê. Die Amerikaanse president was daarnaas een van die sleutelfigure by die beplanning van die Verenigde Nasies as die nuwe wêreldorganisasie.
845
Ná die einde van die oorlog was die Verenigde State 'n ekonomiese supermoondheid wat 50 persent tot die wêreld se brutoproduk bygedra het.[17] Miljoene van oorlogsveterane het voordeel getrek uit 'n nuwe wet wat hulle toegang tot 'n tersiêre kollege-opleiding verleen het. Belastingverlagings, hoë korporatiewe winste en omvangryke beleggings het die basis gevorm vir die ontstaan van 'n welvarende samelewing. Vir die meeste waarnemers – en die breë publiek – het hierdie affluent society regstreeks voortgespruit uit die Amerikaanse model van 'n kapitalistiese ekonomie waarin vrye burgers hul lot selfs kan bepaal. Amerika se ekonomiese suksesverhaal is in die openbare debatvoering daarnaas ook as bewys vir die superioriteit van 'n vrye markekonomie bo die Sowjetunie se sentraal beplande stelsel aangehaal.
846
Die aanvanklike monopolie op kernwapens het van die Verenigde State ook 'n eersterangse militêre supermoondheid gemaak. Die Amerikaanse buitelandse beleid was nou daarop gemik om 'n nuwe wêreldorde met die Verenigde Nasies (VN) se Atlantiese Verdrag as grondbeginsel in te lui. Tegelykertyd het die vreedsame samewerking met die Sowjetunie tot 'n einde gekom – vanweë die toenemende geskille met Moskou het die VSA-regering hom daarop toegespits om die kommunistiese invloed in die wêreld te beperk. Met die Truman-doktrine van 1947 het die VSA aan alle lande, wat op militêre of ekonomiese gebied deur ander moondhede bedreig sou word, Amerikaanse steun toegesê – 'n bewuste wegkeer van die voor-oorlogse Amerikaanse isolasionisme en die 19de eeuse Monroe-doktrine.
847
So het die besluit om Amerikaanse hulp aan lande soos Griekeland en Turkye te verleen net soos die Marshall-plan vir die heropbou van Europa, die Berlynse Lugbrug, die stigting van 'n Nasionale Veiligheidsraad en die Noord-Amerikaanse Verdragsorganisasie (NAVO) uit hierdie nuwe buitelandse beleid voortgespruit. Om die kommunistiese invloed in Asië te beperk, is in 1946 onafhanklikheid aan die Filippyne verleen en in 1949 'n ekonomiese program vir die stabilisering van Japan in werking gestel.
848
Ná sy verkiesing het president Truman met sy sogenaamde Punt-vier-program die VSA se wêreldwye verantwoordelikheid aanvaar. So het die VSA 'n leidende rol gespeel by die VN se militêre optrede teen Noord-Korea tydens die Korea-krisis (1950–1953), alhoewel Washington sy politieke en militêre doelwitte in Korea in die "Agt-punt-program" van 1950 doelbewus beperk het. In 'n radiotoespraak het generaal Eisenhower daarop gewys dat die VSA besig was om 'n "kruistog vir vryheid" te voer.
849
Op militêre gebied het Washington 'n "nasionale noodtoestand" afgekondig, siende dat die Amerikaanse ontwapening ná die oorlog in teenspraak met die nuwe beleid was. Die VSA-strydmagte is heropgebou en uitgebrei om te verseker dat hulle 'n doelmatige militêre opsie sou kon uitoefen, indien nodig. Die militêre ANZUS-verdrag met Australië en Nieu-Seeland en die vredesooreenkoms met Japan in 1951 het die VSA se leidende rol in Asië bevestig.
850
Tydens die presidentskap van John F. Kennedy het die Koue Oorlog sy warmste oomblikke tydens die Kubaanse krisis beleef waarin 'n atoomoorlog rakelings vermy is toe die Sowjetunie onder swaar druk offensiewe kernmissiele uit Kuba teruggetrek het.
851
Terwyl president Johnson die publiek verseker het dat 'n militêre oorwinning oor die korttermyn behaal sou kon word, het die werklike gebeure sy geloofwaardigheid ondermyn. Gedurende hul sogenaamde Tet-offensief het kommunistiese magte op 30 Januarie 1968 die Suid-Viëtnamese hoofstad Saigon binnegedring en net voor die Amerikaanse ambassade te staan gekom.
852
In die sewentigerjare het die VSA gebuk gegaan onder moeilike ekonomiese omstandighede wat deur 'n ongewone kombinasie van ekonomiese stilstand en versnelde inflasie, 'n verskynsel waarna as "stagflasie" verwys is. Openbare vertroue in politiek is in 1974 deur die Watergate-skandaal en die bedanking van president Richard Nixon geknou – die eerste – en tot nou toe enigste – ampsneerlegging van 'n president in die geskiedenis van die Verenigde State, terwyl die internasionale politieke toneel deur die opkoms van internasionale terrorisme oorheers is.
853
Nixon se opvolger Gerald Ford kon geen naam vir homself maak nie en in 1976 word Jimmy Carter tot president verkies. Die VSA het 'n toenemede gebrek aan selfvertroue ervaar tydens die Ford en Carter jare en die Misery-indeks, 'n aanduier van die ekonomiese toestand, het dié indruk beklemtoon. Kritici van die VSA het hierdie tydperk gesien as 'n teken dat die VSA tanend was, met haar belange en ideale verlore. In 1980 word daar 'n oud-Hollywoodakteur en Goewerneur van Kalifornië, Ronald Reagan tot president verkies.
854
President Reagan het aan die Amerikaanse volk sy selfvertroue terugbesorg. Die president, deur sy teenstanders as 'n Cowboy voorgehou, het oor 'n ongetemperde optimisme en vertroue in die VSA beskik, wat hy as 'n helderskynende stad op 'n heuweltop voorgehou het. Na 'n stadige begin het die ekonomie sterk herstel danksy Reagan se belastingmaatreëls. Aan die negatiewe kant van sy beleid was wel die begrotingstekort wat tot rekordhoogtes gestyg het.
855
In die buitelandse politiek was Reagan kragdadig en, volgens sy kritici, roekeloos. Hy was 'n stoere anti-kommunis en het nie teruggedeins om harde taal teenoor die Sowjetunie te gebruik nie. Ook het hy die wapenwedloop versnel om sodoende die Sowjetunie finansieel uit te put. Saam met sy geesgenoot en goeie vriendin Margaret Thatcher, die premier van die Verenigde Koninkryk, het hy in gesprek getree met die Sowjetleier Michail Gorbatsjof, wat in 1985 aan bewind gekom het.
856
Toe die Sowjetunie uiteindelik val en die Oosblok bevry word, groei die welvaart van die Verenigde State tot ongekende hoogtes, net soos sy skuldlas en internasionale verpligtinge. Sosiale veranderinge volg hierop, alhoewel langsamer as in die sestigerjare, terwyl die baby boomers die rewolusie voltooi.
857
'n F-117 Nighthawk van die Amerikaanse Lugmag, soortgelyk aan dié tydens die Eerste Golf-oorlog ontplooi
858
Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie se magsgreep was die Verenigde State van hul grootste vyand ontslae. Die nuwe tydperk wat aangebreek het, kan as 'n nuwe hoogtepunt in die Pax Americana gesien word. Reagan se opvolger, George H. W. Bush, word gekonfronteer met 'n inval in Koeweit deur Saddam Hussein uit Irak; die begin van die Golfoorlog van 1990–1991. In 1991 vind die Amerikaansgeleide Operasie Desert Storm plaas, wat Irak uit Koeweit verdryf.
859
Irak hou Clinton dikwels besig, en die konflikte in die Balkan en Somalië vereis die ontplooiing van Amerikaanse troepe. Die betrokkenheid in die Balkan word veral buite die Verenigde Nasies gereël, by name deur NAVO. Die Dayton-vredesooreenkoms bring 'n einde aan die konflik in Bosnië-Herzegowina, maar spoedig is die VSA en NAVO in 'n konflik gewikkel teen Serwië oor Kosowo.
860
In 1996 wen Clinton weer die verkiesing. Sy leiersposisie het morele terugslae ondervind weens verskeie skandale wat sy bewind geteister het. In 1999 word Clinton die tweede president ooit om aan 'n afsettingsprosedure (verdagmaking) onderhewig te wees, nadat hy meineed sou gepleeg het in 'n saak betreffende seksuele kontak met Monica Lewinsky, 'n leerlingpersoneellid in die Withuis. Clinton het egter 'n skuldigbevinding in die Senaat vrygespring.
861
In 2000 wen George W. Bush die presidentskap met 'n klein kiesersmeerderheid. Vroeg in sy eerste termyn is die Verenigde State die skrik op die lyf gejaag deur die 11 September-terreuraanvalle, die ernstigste sedert die Japannese aanval op Pearl Harbor in 1941. Die twee torings van die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, asook 'n deel van die Pentagon naby Washington, is verwoes deur Islamitiese terroriste in gekaapte passasierstralers. 'n Vierde straler verongeluk in Pennsilvanië kort nadat passasiers die kapers oorweldig. Die gevolg van hierdie aanval was Bush se sogenaamde "Oorlog teen terrorisme". Teen einde 2001 het die Amerikaanse leër die Talibanregering van Afghanistan met breë internasionale steun omvêrgewerp.
862
Aan die einde van die Bush-era beleef die wêreldekonomie 'n skerp insinking, en diep resessie word 'n realiteit. In die Verenigde State is rekordhoeveelhede geld gespandeer om die ekonomie te stimuleer. In 2008, tydens hierdie ekonomies woelige tyd, word in die presidentsverkiesing vir die eerste maal 'n Afro-Amerikaner as president verkies, senator Barack Obama. By hierdie verkiesing behaal sy partygenote van die Demokratiese Party ook oorwinnings in die Kongres en in plaaslike verkiesings. Aanvanklik geniet Obama breë steun in beide die binne- as buiteland. Gaandeweg neem sy populariteit in 2009 egter radikaal af, deels weens die aanneem van 'n wet in die Kongres wat die Amerikaanse sorgstelsel hervorm, asook die steeds gedyende rekorduitgawes en nasionale skuldlas. Hierdie tanende gewildheid is onderstreep deur enkele verkiesingsnederlae van die Demokrate in distrikte waar hulle gewoonlik 'n groot meerderheid sou behaal. Daar ontstaan 'n konserwatiewe protesstroming wat as die tee-party beweging bekend geword het. Ook onder onafhanklike kiesers het sy populariteit afgeneem.
863
Obama se presidentskap is internasionaal gekenmerk deur 'n meer gematigde beleid jeens tradisioneel onvriendskaplike lande soos Rusland en Iran, benewens 'n toenadering tot Islamitiese lande en groepe, terwyl daar egter 'n ongenaakbare houding teenoor bondgenote gehandhaaf word.
864
Die Verenigde State van Amerika is 'n grondwetgebaseerde federale republiek met 'n sterk demokratiese tradisie. Elke vier jaar word daar 'n presidentsverkiesing gehou. Die president van die Verenigde State word nie direk nie, maar wel deur stapsgewyse verkiesings aangewys. Dit behels die volgende proses:
865
By die eintlike verkiesings word die stemme per staat getel. Elke staat beskik oor 'n getal kiesers in die kieskollege wat op die inwonertal gebaseer is. Wie in 'n staat die meeste stemme verwerf, verkry in beginsel ook al die kiesers van die staat; die beginsel van die distriktestelsel.
866
Wie oor die meeste kiesers beskik, wen die verkiesing en word president. Kiesers kan egter ook aanstellings newens die president bepaal. In 1988 het 'n Demokratiese kieser byvoorbeeld nie vir Michael Dukakis, die amptelike kandidaat, gestem nie, maar wel vir Lloyd Bentsen, die kandidaat vir vise-president. In 1876, 1888 en 2000 het die kandidaat met die meeste stemme wel nié oor die grootste getal kiesers beskik nie. 'n Verkose president kan tot twee termyne dien (agt jaar).
867
Die Hollywood-kenteken op die Hollywood-heuwels word beskou as 'n simbool van die Amerikaanse rolprentbedryf, een van die oudste in die wêreld
868
Die jaarlikse bevolkingsgroei van 0,8 persent is tans hoër as dié van die Europese Unie met 0,16 persent. In 2006 het 1,27 miljoen wettige immigrante (veral uit Meksiko, China, Indië en die Filippyne) 'n verblyfpermit gekry, en die VSA is tans die enigste nywerheidsland waar daar ook in die toekoms 'n aansienlike bevolkingsaanwas verwag word.
869
Die Verenigde State se status as die magtigste ekonomie ter wêreld (wat 'n vyfde van die wêreldinkomste verteenwordig) is gegrond op die groot oppervlakte van die land, sy rykdom aan grondstowwe, die groot binnelandse mark met meer as 300 miljoen verbruikers en 'n ekonomiese stelsel wat op die beginsels van private besit en inisiatief asook vrye handel baseer. Die VSA se bruto geografiese produk (BGP) het in 2006 VSA-$ 13 195 miljard beloop.[19] Die tersiêre of dienstesektor se bydrae tot die BGP het in 2006 sowat 79 persent beloop, dié van die nywerheidsektor 20 persent en dié van die landbou 1 persent.
870
Die ekonomie van die Verenigde State word oor die algemeen gekenmerk deur konstante groei, lae werkloosheid en inflasie, 'n groot begrotingstekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wêreld. Verskeie ander lande se geldeenhede is gekoppel aan die dollar, of gebruik dit as geldeenheid. Die V.S. effektebeurs word beskou as 'n aanduiding van die wêreldekonomie.
871
Die Verenigde State is verreweg die grootste ekonomie en ook die grootste invoerder ter wêreld – 14 persent van alle produkte, wat wêreldwyd verhandel word, word na die VSA uitgevoer. Deskundiges verskil oor die land se rol in die huidige wêreldekonomie. Terwyl die land in die 1990's die langste ekonomiese groeifase in sy geskiedenis ervaar het en in die vroeë 21ste eeu steeds die tweede grootste binnemark na die Europese Unie vorm asook 'n kwart van die wêreld se totale produksie oplewer, verwys kritici na die groot handelstekort wat onder meer deur stygende loonkoste en die Amerikaanse nywerheidsektor se laer mededingendheid op internasionale markte veroorsaak word. In 2011 het die handelstekort met $558 miljard 'n nuwe rekordvlak bereik. Gaandeweg het die land ook sy rol as tegnologiese leier kwytgeraak en word hoëtegnologieprodukte soos rekenaars al lank in die buiteland vervaardig.
872
Terwyl Amerikaanse politici veral die Volksrepubliek China daarvan beskuldig dat dit sy geldeenheid, die renminbi, onderwaardeer, word dit duidelik dat die VSA op baie terreine nie meer met ander nywerheidslande kan meeding nie. Die agteruitgang van die Amerikaanse motornywerheid is simptomaties van hierdie ontwikkeling. Deskundiges wys daarop dat die land meer in sy infrastruktuur en onderwysstelsel moet belê.[21]
873
Laer energiepryse – in 2012 het gaspryse in die VSA net 'n vyfde van dié in Europa en 'n agtste van dié in Asië beloop – sal die land meer aantreklik vir energie-intensiewe bedrywe maak sodat die VSA moontlik op die drempel van 'n nuwe ekonomiese groeifase en herindustrialisering staan.[23]
874
Krieket word sedert die Britse koloniale tydperk beoefen, maar dit is nie só 'n gewilde sportsoort soos dit in die meeste van die Britse Statebondlande is nie, veral weens die sterk konkurrensie deur bofbal. Die eerste internasionale krieketwedstryd ooit is op 24 September 1844 tussen die Kanadese nasionale krieketspan en die Verenigde State se nasionale krieketspan in New York Stad gehou.[33] Sedert die tweede helfte van die 20ste eeu toon krieket 'n toenemende gewildheid, veral weens die groeiende bevolking van immigrante uit krieketspelende lande.[34][35] Die Verenigde State se nasionale krieketspan kon tot dusver nog nie vir 'n Krieketwêreldbeker kwalifiseer nie en die Amerikaanse beheerliggaam vir krieket is weens bestuurlike en finansiële redes deur die Internasionale Krieketraad op 22 Junie 2017 opgeskort.[36] Op 24 September 2017 is die oprigting van 'n nuwe beheerliggaam vir Amerikaanse krieket, USA Cricket, wat sy werk in 2018 sal begin, aangekondig.[37]
875
↑ Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'Amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die Amerikas gesien as onakkuraat, maar is algemeen en word elders aanvaar.
876
Bekende Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid, Jak de Priester, het die temalied vir die nuwe Koos Roets film, Hoener Met Die Rooi Skoene, geskryf en opgeneem en die musiekvideo vir hierdie aansteeklike liedjie is pas hierdie naweek bekendgestel!
877
Jak vertel: “Dit is vir my baie lekker en ’n groot eer om betrokke te wees by die skryf van die temaliedjie vir Koos Roets se film. Ek het lanklaas iets vir TV of ’n fliek geskryf, so ek was baie opgewonde toe Alishia my kontak om te hoor of ek betrokke wou wees. Dit was ’n uitdaging, omdat ek nog nie die film gesien het nie, en die liedjie moes skryf met slegs die mediavrystelling en rowwe weergawe van die lokprent tot my beskikking. Ek het wel dadelik besef dat dit so ’n bietjie van ’n vyftigs-gevoel moes hê. Die feit dat hierdie ’n riller-komedie is, het my dadelik laat voel dat dit meer lewendig moet wees en die titel van die fliek is ook dadelik ’n liriek wat lekker op die oor val. Ek hoop dit doen eer aan die fliek self en vertel ’n lekker storie wat mense opgewonde gaan maak om die fliek te gaan kyk.”
878
“Dis ’n aweregse, slimsnaakse moordstorie met soveel fyn kinkels dat jy jou asem gaan ophou terwyl jy heerlik lag”, sê Lizz Meiring wat die rol van Bonnie van der Byl, vertolk.
879
Die van julle wat nie die Here dien nie of selfs nie glo in God nie, sal dalk dink ons is koekoes, dis ok, dink maar so. Hy sal julle seen, Hy's baie lief vir jou, jy sal dit dalk wil onthou as die pawpaw die fan strike. Vandat ek Hom aangeneem het ( iewers in 97/98) is my lewe gevul met liefde en vrede en alles wat mooi is. Gee jouself 'n kans, ek wil graag almal van julle in die hemel raakloop. Dankie vir die van julle wat sulke positiewe invloed op my lewe gehad het, ek dank God vir vriende soos julle. Die Here seen julle almal en mag julle Sy liefde ervaar soos nog nooit van te vore!
880
Kry jou lening tussen die besonder veilig Jy benodig geld leen tussen individue om te gaan met finansiële probleme om uiteindelik breek die dooiepunt wat veroorsaak banke, deur die verwerping van jou lening aansoek lêers Ek is 'n individu finansiële…
881
Ons het ons planne verander en het vandag gery tot by New Orleans (900km) om my visa aansoek vir Panama more in te handig. Het die embesade gebel en hule se dit vat 'n maand om goedgekeur te word! So nou sal ons so bietjie die ooskus van die VSA verken terwyl ons wag. Ons beplan om twee aande hier te bly
882
Tydens ons verblyf op Iron Mountain (Mena) het ons geweldig baie geleer van CMA, noem dit maar ons het nou die 'bigger picture' ervaar. Die grootste ding wat ek geleer het van die lede hier in die VSA is dat hulle 'n geweldige dienaars-hart het. Die hele kampterein met geboue word bedryf en instand gehou deur die lede se gratis harde werk. Vat Ann as 'n voorbeeld, dis 'n dame wat ons daar ontmoet het wat in die kombuis gewerk het tydens die internasionale Konferensie. Sy bly 1000myl (2 dae se ry) weg vanaf Mena, en het net gekom om te kom werk in die kombuis vir 5 dae! Sy kry geen vergoeding of erkenning hiervoor nie. Sy (en al die ander) doen die werk nie vir erkenning of vergoeding nie, sy doen dit vir die Here. Sy was nie die enigste een nie, ons het klomp sulke mense ontmoet wat geweldige groot opofferings maak vir die 'ministrie'.. Hulle harte is geweldig nederig en doen al die werk op die perseel vir die saak van die Here. Soos ek gese het, ons is daar weg heeltemal vernuwwe in ons harte, en bly om deel te wees van so 'n wonderlike wereld wye organisasie met sulke wonderlike lede as ons familie. Van Mena af is ons reguit oos in die rigting van Liitle Rock, die stad waar oud president Clinton van daan kom. Die plan was om die dag te ry tot by Memphis, en dan af na New Orleans om aansoek te doen vir ons Panama visas, en dan Texas en Mexico. Wel, soos dinge mos maar gaan met so toer, verander dit gedurig. Halfpad tussen Mena en Little Rock bel ons die embesade van Panama en vind toe uit dat dit 'n maand neem om goed gekeur te word! Dis toe dat ons besluit om reguit af te ry tot by New Orleans en die aansoek so vinnig moontlik in te handig, wat ons ook toe die volgende dag gedoen het. New Orleans is gelee in die staat van Louisiana, geboorteplek van so baie bekende Amerikaners, veral in die musiek bedryf. Soos ons ry en die groot Katoen velde sien langs die pad speel Tina Turner (en CCR) se 'Cotton fields back home' liedjie in my kop oor en oor. Man, dis darem lekker om te leef en die lewe te geniet met sulke ondervindings soos die! Ons het een dag so bietjie rondgery in New Orleans, wat 'n pragtige stad met vriendelike mense! Dit was net mooi die teenoorgestelde prentjie as wat ons verwag het om te sien. Ander Amerikaners praat glad nie goed van New Orleans nie, en baie het ons aanbeveel om nie hierheen te kom nie? Ek dink hulle mis uit, want net soos New York, is dit 'n stad met geweldig baie karakter. Die ou deel van die stad wat bekend staan as die 'French quater" is duidelik oud met nou straatjies soortgelyk aan die wat ons in York (Engeland) gesien het. Daar is baie pubs en clubs, so dis duidelik dat dit die uithangplek is vir die nag-ape. Ons het deur strate gery met verskriklike groot huise, net soos jy in van die films sien met sulke lang drive ways wat voor die huis draai. Ek stel myself voor as jy die voordeurklokkie lui dan kom maak die 'butler' die deur vir jou oop, en die baas sit seker agter langs die swembad en doen so sy besigheid van daar af
883
Dis darem interesant watse indruk films op mens se gedagtes speel. So gepraat van films, ons het ook gaan fliek kyk, maar laat ek jou vertel dis 'n storie om 'n fliekplek te vind in die land. Eers ry ons na die naaste winkelsentrum, maar hulle het geen flieks, en so ook die volgende? Naderhand vra ons iemand, wat ons toe verduidelik na 'n gebou wat eintlik lyk soos 'n gewone gebou met geen film advertensies buite op nie? Baie anders as by die huis of selfs in Dubai. Ons het die film Fireproof gekyk, dis 'n nuwe Christen romance film, of ek noem dit sommer maar 'n romance film. Dis 'n film wat ek aanbeveel vir enigeiemand, veral christene. Van New Orleans af het ons wes gery deur die Swamp Area van Louisiana. Die natuur is soos geen ander wat ons al teegekom het nie, hoe beskryf mens 'n swamp? Dis pragtig en nat. Ons het ook aangedoen by die Tabasco fabriek in Louisiana. Alhoewel ek geen Tabasco fan is nie, was dit 'n besonderse ondervinding om die geboorteplek en fabriek van die wereld bekende peper sous te besoek.
884
Ons het gisteraand in Memphis aangekom na 'n lang dag se ry al langs die Mississippi rivier met sy katoen en suikerriet plase. Memphis is bekend vir sy musiek legendes, veral in Blues & Rock 'n Roll, en ons hoop om so bietjie van die musiek- geskiedenis van Memphis te herleef, aangesien ek baie lief is vir daardie oudtydse Bues en Rock. Ons kamp ook nog stapafstand vanaf Graceland, Elvis Presley se wooning. . . . . . . . .
885
Nou is die plan om vanaand in Baton Rouge te slaap en 'n plaaslike CMA Christmas party by te woon. More sal ons die pad vat en ry tot by Huntsville in Texas, waar ons so 3 of 4 dae sal bly. Van daar af sal ons gaan na Austin, waar ons 2 CMA friende optel wat saam met ons Mexiko toe gaan. Aangeheg is 'n foto van ons by die vriende van Florida waar ons gebly het. Wel, ons dink aan julle en wens julle 'n lekker dag toe
886
'n Webwerf en hosting daarvan is bloot hulpmiddels om 'n doelwit te bereik, bemarking en die bou van 'n sterk internet teenwoordigheid en dit is ons hooffokus.
887
In plaas van gewone website ontwerp wat uiters duur is weens die tyd, moeite en uniekheid vir elke individuele klient, was daar vir jare gefokus om 'n website
888
'n Kulturele oorlog word op 'n intellektuele wyse gevoer en gewen, en daarvoor is nodig wyse skrywers en sprekers, en geesdriftige, daadkragtige, regdenkende volkgenote. Alle kultuurgebiede van ons volk soos die ekonomie, kuns, taal, onderwys, godsdiens en geskiedenis, moet vanuit hierdie standpunt begryp word. Hier gaan dit uitdruklik om die weerlegging van bestaande links-liberale en gelykheidleerstellings gerig op die Afrikaner, en in die besonder die verdraaide lewens‒ en wêreldbeskouing van "demokrasie" en "kapitalisme".
889
Samehangend daarmee moet gehou word by 'n lewens‒ en wêreldbeskouing en die geskepte kenmerkende waardes wat die eie identiteit van ons as Blankes en Afrikaners beklemtoon.
890
Die verkeerde begrip van tyd het veroorsaak dat mense dink dat as 'n bepaalde stryd nie op 'n bepaalde tydstip gewen is nie, die stryd dan verlore is, vandaar die denkwyse van "dit is die einde". In terme van die beskouing wat hierdie webblad wil help vestig, word die verlede, hede en toekoms nie meer as afsluitpunte op 'n reguitlyn gesien nie, maar as gesigspunte wat op enige gegewe oomblik saamval. Kortom, 'n bepaalde stryd is nooit op 'n sekere tydstip gewen of verloor nie. Streng gesproke het stryd nooit 'n bepaalde begin of 'n bepaalde einde nie. Dit was nog altyd daar en dit sal ook altyd daar wees. In die bestaan van 'n volk sal daar altyd teleurstellings wees, maar ook geleenthede wat, as dit met die nodige wilskrag en vernuf hanteer word, hom weer tot groot hoogtes sal lei.
891
Daar sal nooit in die lewe van 'n volk 'n volkome staat van bestendigheid bereik kan word nie, 'n staat van orde waar alles presies so daar uitsien soos wat ons dit graag wil hê, maar ons kan baie nader daaraan kom as waar ons volk nou staan. Indien 'n volk wil lewe moet hy dus bereid wees tot ewigdurende stryd, daarom is 'n lewende volk 'n vegtende volk - vir jou God, jou land, jou taal en wat daarmee gepaard gaan. So 'n lewenshouding is belangrik ten einde die geweldige magte teen ons te kan trotseer. Ons moet bereid wees tot stryd, nie net om onsself te kan handhaaf nie, maar bowenal omdat ons eer op die spel is.
892
Die vestiging van 'n webwerf vir alle Afrikaners met 'n beginselhoudende volkseie inslag wat die verkryging van staatkundige vryheid vir die Afrikanervolk ondersteun en bevorder.
893
Om die aard van die Afrikanervolk se Calvinisties Christelike lewens‒ en wêreldbeskouing te verkondig.
894
Ondersteuning word gegee aan volkseie organisasies wat die kultuur‒ en vryheidstrewe van die Afrikanervolk opreg vooropstel en dit nie vir die skyn doen nie.
895
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
896
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.
897
Toe 'n skraal, stil mannetjie vir die pos aansoek doen wil die boer weet wat hy alles kan doen maar al antwoord wat hy gekry het was "Ek kan slaap as die winde waai".
898
Tot sy verbasing vind hy dat al die hooimiedens stewig met seil toe gemaak is, die skape heel beskut in die skuur gejaag en die hoenders is veilig toegesluit is agter gegrendelde deure. Alles was vasgemaak en niks kon wegwaai nie.
899
Mondelingse, persoon tot persoon, bemarking bly maar die beste maar soos te verstane is dit nie vir MY nogal 'n probleem.