id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
62707
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die etniese groep, sien Majas, vir hul taal, sien Majaans, en vir die taalfamilie, sien Majatale. Die Majas is 'n etniese groep en die nasate van die gelyknamige Meso-Amerikaanse beskawing wat in die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko se Yucatán-skiereiland woon. Die historiese middelpunt van die beskawing was in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo. Die belangrikste taal van die Majas is Majaans, een van die oorblywende Majatale. Hedendaags is die meeste Majas tweetalig met Spaans as tweede taal. Die Majas is veral bekend vir hul kuns, argitektuur, wiskundige en sterrekundige stelsel, vir die kalender wat deur die Asteke oorgeneem en aangepas is en die hoogsontwikkelde skryfstelsel, wat ook vir getalle gebruik is. Die Majaskryfstelsel is die enigste wat vandag uit die pre-Colombiaanse Amerika bekend is. Die klassieke tydperk van die Majabeskawing het gestrek van 250 tot 900 n.C. Die Majas het nie 'n verenigde land gestig nie en het in onafhanklike stadstate gewoon. Die state het op hul hoogtepunt rofweg die huidige lande Meksiko, Guatemala en die noorde van Belize beslaan.
122337
Ernst Heinrich Philipp August Haeckel (16 Februarie 1834 – 9 Augustus 1919) was ’n Duitse bioloog, naturalis, filosoof, fisikus, professor en kunstenaar wat duisende nuwe spesies ontdek, beskryf en ’n naam gegee het, en ’n stamboom saamgestel het wat alle lewensvorme omvat. Hy het ook baie terme in biologie uitgedink, onder meer "antropogenie", "ekologie", "filum", "filogenie", "stamsel" en "Protista". Haeckel het Charles Darwin se werk in Duitsland bevorder en gewild gemaak, en die invloedryke maar tans minder gewilde biogenetiese wet daargestel waarvolgens embrioniese ontwikkeling (ontogenese) ’n kortlikse herhaling van evolusionêre ontwikkeling (filogenese) is. Sy gepubliseerde kunswerke sluit meer as 100 gedetailleerde, veelkleurige illustrasies van diere en see-organismes in. As filosoof het hy Die Welträtsel (1895–1899) geskryf, asook Freedom in Science and Teaching om die onderrig van evolusie te steun. "Ernst Haeckel – Britannica Concise" (biography) Encyclopædia Britannica Concise, 2006, Concise. Britannica.com webpage: CBritannica-Haeckel Geargiveer 11 November 2006 op Wayback Machine.
63916
’n Skryfstelsel is ’n simboliese stelsel wat gebruik word om elemente weer te gee wat in ’n taal uitgedruk kan word. Skryfstelsels word van ander simboliese kommunikasiestelsels onderskei deur die feit dat die leser gewoonlik die spesifieke gesproke taal in ’n mate moet ken om die teks te kan verstaan. In teenstelling daarmee word kennis van ’n gesproke taal nie vereis by byvoorbeeld inligtingstekens, skilderye, kaarte en wiskunde nie. Taal is ’n inherente deel van enige menslike gemeenskap. Skryfstelsels, en die proses waardeur dit gesproke stelsels weergegee het, het egter sporadies, oneweredig en stadig ontwikkel. Gevestigde skryfstelsels het gewoonlik stadiger verander as die gesproke taal en daarom bevat hulle dikwels elemente en eienskappe wat nie meer in die gesproke taal voorkom nie. Die groot voordeel van skryfstelsels is dat hulle die mens in staat stel om ’n volgehoue rekord van inligting in ’n taal te verskaf en dat dié inligting later deur ander gelees kan word.
88275
2 Korintiërs is die 8ste boek in die Nuwe Testament van die Bybel. Die tweede brief aan die Korintiërs getuig dat daar 'n gespanne verhouding tussen die gemeente en die apostel was. In die gemeente was daar 'n misverstand oor Paulus se veranderde reisplan en sy gesag as apostel. Deur onderhandelings is die misverstand uit die weg geruim en die goeie verhouding tussen die apostel en die gemeente herstel. Nou skryf Paulus om te verduidelik waarom hy streng teenoor die gemeente opgetree het en ook waarom hy sy reisplan moes verander. Hy betuig sy blydskap oor die versoening en pleit vir hulpverlening aan die behoeftige gelowiges in Judea. Vervolgens verdedig hy sy gesag as apostel: hy het sy bevoegdheid om as apostel op te tree, van die Here ontvang. Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
41186
Tonga (Engels: [ˈtɒŋə] of [ˈtɒŋɡə]; Tongaans: [ˈtoŋa]), amptelik die Koninkryk Tonga (Engels: Kingdom of Tonga; Tongaans: Puleʻanga Fakatuʻi ʻo Tonga), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië wat uit 169 eilande bestaan, waarvan 36 bewoon is. Tonga beslaan 'n oppervlakte van 748 km² en het 'n bevolking van 100 209 in 2021 gehad. Tonga is in die ooste van Fidji, in die suidooste van Wallis en Futuna, in die suide van Samoa, in die suidooste van Amerikaans-Samoa, in die weste van Niue en die Cookeilande en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Nukuʻalofa. Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Schouten het Tonga in 1616 as eerste Europeër bereik, gevolg deur Abel Tasman in 1643. In 1773, 1774 en 1777 het die Britse ontdekkingsreisiger James Cook Tonga besoek. In 1845 het die ambisieuse jong vegter, strateeg en woordvoerder Tāufa'āhau Tonga as 'n koninkryk verenig en in 1875 tot 'n grondwetlike monargie verklaar.
5227
Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings. Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die Wêreldwye web te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is. Ander sluit in e-pos, lêeroordrag (FTP), geselsdienste en aanlynspeletjies. Die voorloper tot die Internet was ARPANET – ’n netwerk van militêre netwerke, en later ook universiteitsnetwerke, wat in 1969 in die Verenigde State ontstaan het. Op 1 Januarie 1983 het ARPANET oorgeskakel van die ou NCP-protokol na TCP/IP en so die weg gebaan vir die ontstaan van die moderne Internet. Dit was egter eers in die negentigerjare dat die publiek die Internet "ontdek" het. In Augustus 1991 het Tim Berners-Lee en Robert Cailliau die Wêreldwye web-projek gepubliseer nadat hulle ’n paar jaar aan HTTP en HTML gewerk het.
88240
’n Inersiestelsel is in die natuurkunde ’n koördinatestelsel waarin voorwerpe, waarop geen krag uitgeoefen word nie, stilstaan of ’n eenparige reglynige beweging uitvoer. Newton se bewegingswette is hier van toepassing: voorwerpe verander slegs van snelheid as ’n krag daarop inwerk, en dan is die versnelling eweredig aan die krag. Die woord "inersie" kom van Latyn vir werkloos of traag. Die begrip speel ’n belangrike rol in die relatiwiteitsteorie van Albert Einstein. Die aardoppervlak is nie ’n inersiestelsel nie omdat die planeet draai. Vir baie bewegings op groot skaal moet dié vinnige draaiing dus in aanmerking geneem word. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
36060
Die Internasionale Standaard Boeknommer (ISBN) is 'n unieke, numeriese, kommersiële identifiseerder vir boeke wat gebaseer is op die 9-syfer Standaard Boeknommer (SBN) kode wat in die Verenigde Koninkryk deur die boekverkopers en skryfbehoefte handelaar W.H. Smith en ander in 1966 ontwikkel is. Die 10-syfer ISBN-formaat is deur die Internasionale Standaarde Organisasie ontwikkel en as internasionale standaard, ISO 2108 in 1970 gepubliseer (Die 9-syfer SBN-kode is in die Verenigde Koninkryk egter tot en met 1974 gebruik). Tans is die ISO TC46/SC9 subkomitee verantwoordelik vir die standaard. Sedert 1 Januarie 2007 het die Internasionale Standaard Boeknommers uit 13-syfers bestaan, wat versoenbaar was met die Europese Artikelnommers (EAN). 'n Soortgelyke numeriese identifiseerder, die Internatonal Standard Serial Number (ISSN) identifiseer periodiese publikasies soos tydskrifte. 'n ISBN word toegeken aan elke uitgawe en variasie (behalwe vir herdrukte uitgawes) van 'n boek. Die ISBN is 13 syfers lank indien dit na 1 Januarie 2007 toegeken is en 10 syfers lank as dit voor 2007 toegeken is.
6517
Potchefstroom is 'n stad in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaalprovinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011). Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van Johannesburg. Daar was 'n poging deur die ANC-beheerde munisipale owerheid om die dorp se naam na Tlokwe te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit – hierdie opstand is deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan tans bekend as JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, nadat dit in 2016 met Ventersdorp saamgesmelt het. Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op Burgersdorp gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool.
9928
Anticosti (Frans: l'Île d'Anticosti) is 'n kaal, rotsagtige, woudbedekte gruis-en-sand eiland by die uitmonding van die Saint-Laurentrivier in die Golf van Sint-Laurens, in die provinsie Quebec (Kanada). Anticosti word in die noorde van die Côte-Nord-gewes van Québec (die Labrador-skiereiland) geskei deur die Jacques Cartier-seestraat en in die suide deur die Honguedo-seestraat van die Gaspé-skiereiland. Met 'n lengte van 217 kilometer, 'n breedte wat wissel tussen 16 en 48 kilometer en 'n oppervlak van 7 892,52 km², is die eiland taamlik groot en oortref dit met sy oppervlakte van meer as 7 900 vierkante kilometer dié van die provinsie Prins-Edward-eiland. Die eiland is ook die 90ste grootste eiland ter wêreld en die 20ste grootste eiland in Kanada. Anticosti is met 'n bevolking van 240 inwoners yl bevolk. Die grootste bevolking word in die dorpie Port-Menier op die westelike punt van die eiland aangetref en bestaan hoofsaaklik uit die opsigters van die verskeie vuurtorings wat deur die Kanadese regering daar opgerig is.
53721
Limoges (Oksitaans Lemòtges of Limòtges) is 'n stad in die suid-weste van Frankryk wat as prefektuur (hoofstad) van die administratiewe gewes (région) Limousin en die département Haute-Vienne fungeer. Met 'n bevolking van 140 138 was Limoges op 1 Januarie 2008 die 25ste grootste stad in Frankryk en die grootste stedelike nedersetting in die suid-weste van die land na Toulouse en Bordeaux. Dit is die setel van 'n biskop en 'n universiteit. Die stad, wat 2 000 jaar gelede as 'n Romeinse nedersetting gestig is, het in die hoë middeleeue tot die ekonomiese sentrum en beduidendste handelsmetropool van Sentraal-Frankryk ontwikkel en het later, in die 18de eeu, vir sy filiaal van die Koninklike Franse Porseleinmanufaktuur bekend gestaan. In politieke opsig het Limoges 'n woelige verlede - hier is in 1895 die vakbond Confédération générale du travail (CGT) in die lewe geroep en het benadeeldes en werkers verskeie kere - soos tydens die staking van 1905 - in opstand teen die owerheid gekom. Limoges se bynaam, la ville rouge ("die rooi stad"), verwys dan ook na die tradisioneel linkse gesindheid van sy bewoners.
55314
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Aymara (volk). Aymara (Aymar aru) is naas Quechua en Guaraní die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 2,8 miljoen mense in die sentrale Andesstreek van Bolivië, Chili en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Aymara gepraat en vorm saam met Guaraní, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Quechua en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens is Aymara 'n erkende minderheidstaal in Chili. Aymara word oorwegend in die sentrale weste van Bolivië en aangrensende streke van Chili en Peru gepraat. Dit vorm saam met Kawki (amper uitgestorwe) en Jaqaru (700 sprekers) die Aymara-taalfamilie. Inheemse tale van die Amerikas "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 15 April 2016. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara, Southern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 15 April 2016.
64115
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Hausa (volk). Hausa (هَوُسَ of هَرْشَن هَوْسَ; Yaren Hausa of Harshen Hausa, letterlik: "Hausa-taal") is 'n Afro-Asiatiese taal in Wes-Afrika wat deur sowat 25 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Hausa-volk gepraat en is ná Engels en saam met Igbo en Joroeba een van Nigerië se amptelike tale. Hausa is ná Arabies, Frans, Engels en Swahili die belangrikste taal in Afrika. Hausa is die belangrikste van die Tsjadiese tale en word naas ander tale hoofsaaklik in Noord-Nigerië en in Suidwes-Niger gepraat. Daar is ook sprekers in Benin, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Soedan, Tsjad en Togo. Hausa is 'n analitiese toontaal met 'n subjek-predikaat-objek-sintaks. Hausa is tradisioneel in 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geskryf maar tans word veral 'n aangepasde Latynse alfabet gebruik. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Hausa" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 26 Augustus 2018.
81167
Brusselse spruitjies (ook spruitkool of knoppieskool) is 'n eetbare plant in die koolfamilie wat soos miniatuurkooltjies lyk en as groente bedien word. Die koolspesie Brassica oleracea word as 'n verskeidenheid uiteenlopende plantrasse gekweek. Brusselse spruitjies lyk soos kool, maar is 'n verskillende kultivargroep van dieselfde spesie. Brusselse spruitjies word meestal sag gekook of gestoom.
7913
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Luxemburgers. Luxemburgs of Lëtzebuergesch ([ˈlətsəbuəjəʃ]) is die nasionale taal van die Groothertogdom Luxemburg en word deur sowat 390 000 mense gepraat. Die meeste van hulle praat dit as moedertaal, maar daar is ook 'n groot getal buitelanders in Luxemburg wat dit as tweede taal aangeleer het. Sowat tagtig persent van die inwoners van die groothertogdom praat Lëtzebuergesch as hulle huistaal. Die taal word in die Duitse dialektologie as 'n Wes-Germaanse, Middelduitse kultuurdialek geklassifiseer, wat deel uitmaak van die Moeselfrankiese groep van dialekte. In die taalwetenskap word dit ook by die sogenaamde Ausbausprache ("uitboutale") gereken. In 1984 is Lëtzebuergesch naas Frans en Hoogduits tot een van die drie amptelike tale van Luxemburg verklaar en word nou as 'n selfstandige taal beskou. Meer as tagtig persent van die Luxemburgse bevolking gebruik Lëtzebuergesch as hulle omgangstaal, selfs in parlementsdebatte. Die taal beskik oor sy eie amptelike spelling, wat in 1946 ingevoer en in 1999 hervorm is. Die Luxemburgse onderwysstelsel beperk die gebruik van Lëtzebuergesch egter nog steeds tot die spreektaal, en behalwe vir die radio- en televisieprogramme het Duits die oorheersende taal van die mediabedryf gebly.
51126
Vlissingen (Seeus: Vlissienge uitspraak (hulp·inligting)) is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zeeland. Die stad het ongeveer 33 000 inwoners en die gelyknamige munisipaliteit het 44 363 inwoners (1 Februarie 2012, bron: CBS) oor 'n oppervlakte van 344,98 km², waarvan 310,82 km² onder water is. Jacobskerk, gesien vanaf 'n bouput, begin 2006 Stadhuis Vlissingen Detail van die Stadhuis Vlissingen Die Arsenaal Die hawe Beursstraat naby die Bellamypark Winkelstraat Topografiese kaart van Vlissingen Munisipaliteit Vlissingen Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
42125
Nieu-Delhi (Engels: New Delhi, Hindi: नई दिल्ली, Naī Dillī) is die hoofstad van Indië en is geleë in die Nasionale Hoofstadgebied in die noorde van die land aan die Yamunarivier. Nieu-Delhi het in 2012 'n bevolking van 249 998 gehad en het 'n oppervlakte van 42,7 km². Nieu-Delhi is op 15 Desember 1911 gestig as hoofstad van Brits-Indië en dien sedert 15 Augustus 1947 die hoofstad van die onafhanklike Indië. In dié stad is al drie takke van die Indiese regering gesetel. Nieu-Delhi is in 1911 deur George V tydens sy besoek aan Delhi gestig. Dit is deur die Britse argitekte Sir Edwin Lutyens en Sir Herbert Baker ontwerp. Die nuwe hoofstad is op 13 Februarie 1931 deur die adjunkkoning Lord Irwin ingewy. Alhoewel beide Delhi en Nieu-Delhi uitruilbaar gebruik word om na die Nasionale Hoofstadgebied van Delhi (NCT) te verwys, is dit twee afsonderlike entiteite, en Nieu-Delhi vorm 'n klein deel van Delhi. Die nasionale hoofstadstreek is 'n veel groter entiteit wat die hele NCT saam met aangrensende distrikte in buurstate beslaan.
80399
Rimini (Latyn: Ariminum) is 'n stad in die ooste van Italië aan die Adriatiese See. Die stad is 'n toeristebestemming en het 146 606 inwoners gehad in 2013. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
18307
Salem [ˈseɪləm] is 'n stad in die noordooste van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts (Nieu-Engeland), sowat 26 kilometer noordoos van Boston, met 40 922 inwoners (2007). Die stad, wat in 1626 gestig is, was een van die vroegste Europese nedersettings in die huidige VSA en het tot by die 18de eeu tot 'n belangrike hawestad ontwikkel. Salem het egter uitsonderlike bekendheid verwerf met die berugte hekseprosesse van die jaar 1692 en die Amerikaanse skrywer Nathaniel Hawthorne se roman House of the Seven Gables, wat in 1851 verskyn het. In die jaar 1626 het 'n klein groep setlaars uit Cape Ann (die huidige Gloucester) onder die leiding van Roger Conant na 'n beskermde baai en riviermonding in die suide getrek, wat deur die plaaslike stamme van die Eerste Nasies Naumkeag of "Gerieflike Hawe" genoem is. Die koloniste het hulle nuwe nedersetting Salem genoem, 'n naam wat van die Hebreeuse woord vir "vrede", sjalom, afgelei is. Landbou en vissery het sy ekonomiese basis gevorm.
1531
Hierdie artikel handel oor die stad Rio de Janeiro. Vir die gelyknamige deelstaat, sien Rio de Janeiro (deelstaat). Rio de Janeiro (Brasiliaanse Portugese uitspraak: [ˈʁi.u dʒi ʒɐˈnejɾu]) of kort Rio, die tweede grootste stad in Brasilië ná São Paulo en die hoofstad van die gelyknamige deelstaat, lê aan die Guanabarabaai in die suidooste van die land. Die Portugese naam, wat 'Januarierivier' beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 Januarie 1502) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing – hy het die baai van Rio de Janeiro as 'n riviermonding beskou. Rio de Janeiro het in die tydperk tussen 1763 en 1960 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Brasília in die sentrum van die land afgestaan. Rio de Janeiro se huidige stadsgebied het 'n bevolking van sowat 6,5 miljoen, terwyl sowat 12,3 miljoen in die metropolitaanse gebied van Rio de Janeiro woon (2015). Die bewoners word dikwels Cariocas genoem – volgens 'n term wat uit die taal van die inheemse Tupí-Guaraní-Indiane ontleen is en letterlik "die wit man se hut" beteken.
61039
Zutphen is 'n stad en munisipaliteit in die provinsie Gelderland in Nederland. Dit is op die oosoewer van die rivier IJssel op die punt waar dit die Berkel ontmoet, 30 km noordoos van die provinsiale hoofstad Arnhem, geleë. Die naam Zutphen verskyn vir die eerste keer in die 11de eeu en beteken waarskynlik "suidveen" (sien ook: veen). In 2005 word die munisipaliteite van Zutphen en Warnsveld onder die naam Zutphen versmelt. In 2017 het die munisipaliteit 'n bevolking van 47 423. Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
53697
Bruno Julius Florian Taut (* 4 Mei 1880 in Koningsberg; † 24 Desember 1938 in Istanboel) was 'n Duitse argitek en stadsbeplanner. As een van die verteenwoordigers van die Modernistiese argitektuurstroming (Duits Neues Bauen) het hy veral met groot residensiële woonprojekte soos die Hufeisensiedlung ("Hoefysterbuurt") in Berlyn-Britz en Onkel Toms Hütte in Berlyn-Zehlendorf bekendheid verwerf. Bruno Taut het vanaf 1909 met Franz Hoffmann in 'n gemeenskaplike argitekteburo saamgewerk. In 1912 het ook sy jonger broer Max Taut (1884-1967), wat later veral met sy kantoorgeboue in die Nuwe Saaklikheid-boustyl bekendheid sou verwerf, tot dié onderneming toegetree. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
3457
Die jaar 360 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 4de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Shapur II van Persië verower Sigara en Bezabde van die Romeine.
6816
Aliwal-Noord is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en voorheen die setel van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit (tans Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit). Die bevolking van die dorp insluitend Dukathole township tel 35 153 in 2011. Die dorp is bekend vir sy twee warmwaterbronne, wat daagliks meer as twee miljoen liter water teen 'n temperatuur van sowat 35° C oplewer. 'n Dorpsmuseum behandel die plaaslike geskiedenis. In 1869 is die grensooreenkoms tussen die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat en Basoetoland (die huidige Lesotho) hier onderteken. Die dorp is geleë op die suidelike oewer van die Oranjerivier en is 206 km suid van Bloemfontein op die N6 nasionale hoofpad. Die Kraairivier sluit by die Oranjerivier aan net noordoos van die dorp. Suidwes van die dorp lê Kramberg wat tot ongeveer 2000 m bo seespieël reik. Die sakekern en middedorp word omring deur die volgende woonbuurte: Dukathole, Hilton, Joe Gqabi, die Bronne (waar die bekende Aliwal Spa geleë is) en Arborsig. Vele inwoners en personeel van die Goedemoed Korrektiewe Dienste-fasiliteit (geleë aan die Vrystaatse kant van die Oranjerivier) gebruik ook gereeld die dorp se ondernemings, hospitaal, kerke en skole.
10732
Komani (voorheen Queenstown) is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap, wat in September 1853 deur Thomas Holden Bowker met die goedkeuring van goewerneur sir George Cathcart gestig en deur die eerste setlaars in die vorm van 'n seshoek aangelê is. Dit is die laaste plattelandse dorp met 'n eie dagblad, die Daily Representative, wat tans weekliks verskyn. Die dorp se naam is amptelik verander na Komani in Februarie 2016. Komani is 'n belangrike opvoedkundige sentrum. Die geskiedenis van die Hoërskool Hangklip begin in 1885, 27 jaar na die roemryke Queen's College. Dit het ontstaan as 'n dubbelmedium-laerskool, Queen's Drive Primêre Skool. Die Afrikaanse gemeenskap het van krag tot krag gegaan en pogings aangewend om Afrikaans sy regmatige plek op die dorp te gee. Die strewe is vervul in 1947 toe Afrikaans die onderrigtaal in die hoërskool geword het onder die skoolhoof D.B. Malan. Dit is voorafgegaan deur die eerste st. 8-klas in 1942. In daardie jaar het die skool sy huidige naam gekry toe die skoolkomitee, onder leiding van ds. Pollock, besluit het om dit na die berg by die dorp te vernoem.
16323
Calvinia is 'n dorp in die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika), wat as die ekonomiese sentrum van die noord-westelike Kaap dien. Die dorp is 70 km oos van Nieuwoudtville. Die dorp is in 1848 op die plaas Hoogekraal van veldkornet A. van Wyk gestig en is genoem na Johannes Calvyn. Jare lank was die nuwe dorp die enigste nedersetting in die omgewing. Tydens nagmaaltyd het tot 500 waens en karre hier versamel. Die eerste veeboer-baanbrekers het die Hantam, soos die omgewing vandag bekendstaan, 'n Afrikaanse vervorming van die Khoi-samestelling !Han ‡ami wat "rooiuintjiesberg" beteken, omstreeks 1744 bereik toe hulle hierheen getrek het agter hul skape aan. Aanvanklik was die naaste kerke dié van Swartland (op Malmesbury) en Tulbagh. Die boere wat hulle in die omgewing kom vestig het, moes indertyd oor 'n afstand van meer as 300 km reis om Nagmaal- of doopgeleenthede by te woon. Dié afstand is in 1826 met amper 200 km verkort deur die stigting van die gemeente Clanwilliam.
33368
Vaalwater is 'n dorp langs die Mokolorivier in die Limpopoprovinsie ten noorde van Suid-Afrika. Die Munisipale kantoor se naam is tussen 2006 en 2007 na Mabatlane verander, maar die dorp se naam bly onveranderd. Die dorp lê net noord van die Waterberg. 'n Takspoorlyn vanaf Nylstroom het Vaalwater in 1925 bereik. Gedurende September 1983 is die nuwe graansilo met 'n bakmaat van 30 000 ton geopen. Die Sint Johannes die Doper-kerkgebou is 'n bekende baken op die dorp. Die kerk is deur Sir Herbert Baker ontwerp en op 15 Julie 1914 ingewy. Slegs plaaslike materiaal is gebruik om die kerk te bou. Die kerk kan 30 mense huisves. Die Mokolodam is sowat 50 km noordwes van Vaalwater. Gereformeerde kerk Vaalwater Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Vaalwater". Sensus 2011. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
30470
Elarduspark is 'n voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Elarduspark is geleë tussen die woonbuurte Erasmusrand, Pierre van Ryneveldpark, Rietvalleirand en Wingate Park. Elarduspark is genoem na Daniel Jacobus Elardus Erasmus van die plaas Randjesfontein naby Pretoria, wat in 1897 lid was van die kommando wat sir Leander Starr Jameson tydens die Jameson-inval aangekeer het. Elarduspark-tennisklub Elarduspark NG Kerk Laerskool Elarduspark "Subplek Elarduspark". Sensus 2011. Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
93161
Silikose is 'n fibrose van die long wat ontstaan deur die inaseming van silika wanneer gesteentes geboor word. Die siekte is ongeneeslik en lei tot voortydige dood. Dit dra ook by tot groot eise teen mynmaatskappye. (af) Silikose kom wyd voor by Suid-Afrikaanse myne (en) Landmerk-silikose-beslissing laat klasaksie teen goudfirmas toe Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Silikose. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
95446
Duitse masels, ook bekend as Rubella, is 'n akute aansteeklike siekte met 'n veluitslag wat gevaar vir die fetus inhou indien verwagtende moeders dit kry. Dit word deur 'n virus veroorsaak wat drie weke neem om te ontwikkel. Die aansteeklike siekte kom veral tussen die ouderdom van 2 en 10 voor. Volwassenes kan ook die siekte kry as hulle dit nie tevore gehad het nie. 'n Vorige aanval gee lewenslange immuniteit. Regstreekse aanraking met die draer kan verspreiding van die virus veroorsaak, wat die liggaam deur die mond, voedsel- en lugkanale binnedring. Hoewel die simptome en tekens van die siekte in 'n mate met masels ooreenkom, word Duitse masels deur 'n heeltemal ander virus veroorsaak. Die inkubasieperiode duur gewoonlik sowat 17 dae. Die veluitslag is meestal die eerste aanduiding dat 'n kind Duitse masels onder lede het. Dikwels word dit nie voorafgegaan deur 'n gevoel van olikheid nie. Die uitslag begin gewoonlik op die gesig en versprei dan na die bors en hele liggaam. Die limfkliere in verskillende dele van die liggaam begin swel, veral in die nek.
95938
Braille is ’n skryfstelsel wat deur gesiggestremdes gebruik en tradisioneel met opgehewe letters geskryf word. (Dit word verkieslik nie met ’n hoofletter gespel nie.) Braillegebruikers kan rekenaarskerms en ander elektroniese toerusting lees danksy spesiale tegnologie. Hulle kan ook ’n braille-stilus of -tikmasjien gebruik om dit te skryf. Braille is genoem na die skepper daarvan, die Fransman Louis Braille, wat sy sig verloor het weens ’n ongeluk in sy kinderdae. In 1824, op 15 jaar, het Braille sy kode vir die Franse alfabet ontwikkel. Hy het sy stelsel, wat later ook musieknote bevat het, in 1829 gepubliseer. Die tweede hersiene weergawe, wat in 1837 gepubliseer is, was die eerste digitale (binêre) skryfvorm. Braille-karakters is klein, vierkantige blokkies wat "selle" genoem word en bevat klein, opgehewe knoppies. Die getal en rangskikking van dié knoppies onderskei een karakter van ’n ander. Omdat die onderskeie braille-alfabette ontstaan het as transkripsiekodes van gedrukte skryfstelsels, verskil die karakters van taal tot taal. Brailleselle is nie al wat opgehewe gedruk word nie.
64001
Die Fenisiese alfabet, ook die Proto-Kanaänitiese alfabet genoem vir inskripsies voor omstreeks 1050 v.C., is ’n konsonantale alfabet, of abjad. Dit het dus geen klinkers nie. Dit is gebruik vir die skryf van Fenisies, ’n Noord-Semitiese taal wat deur die Fenisiërs gepraat is. Toe die Fenisiese skrif in die 19de eeu vir die eerste keer ontdek is, was die oorsprong daarvan onbekend. Geleerdes het eers geglo dit was ’n direkte variant van Egiptiese hiërogliewe. Die idee was veral gewild vanweë die ontsyfering van hiërogliewe kort tevore. Hulle kon egter geen skakel vind tussen die twee skryfstelsels nie. In 2005 het Unesco die Fenisiese alfabet geregistreer as ’n Wêrelderfenisdokument van Libanon. Fenisies het een van die wyds verspreide skryfstelsels geword deurdat Fenisiese handelaars dit deur die hele Mediterreense wêreld versprei het, waar dit deur baie kulture aangeneem en aangepas is. Die Aramese alfabet, een van die aangepaste weergawes, was die voorloper van die moderne Arabiese alfabet en Hebreeuse skrif. Die Griekse alfabet (en daardeur ook die Latynse, Cyrilliese en Koptiese alfabet), was ’n direkte uitvloeisel van Fenisies, hoewel sekere letterwaardes verander is om klinkers voor te stel.
65194
Vir ’n artikel oor die sterreteken Visse, sien Visse (sterreteken). Die Visse (Latyn: Pisces) is ’n sterrebeeld van die Diereriem. Die simbool daarvan is (Unicode ♓). Dit is tussen die Waterdraer in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die sonnebaan en die hemelewenaar kruis mekaar in dié sterrebeeld en die Maagd. Die lentenagewening kom tans in die sterrebeeld voor, maar skuif vanweë die presessie van die Aarde se as geleidelik in die rigting van die Waterdraer. Van Maanen se Ster is in die Visse geleë. Dit het ’n magnitude van 12,36 en is 14,1 ligjare van die Aarde af. Dit is ’n wit dwergster en die derde naaste van dié soort sterre aan die Son. Messier 74 is ’n tipe Sc-sterrestelsel in die Visse met ’n los struktuur, op ’n afstand van 30 miljoen ligjare (rooiverskuiwing 0,0022). Dit het baie jong sterreswerms en newels, en baie sterre is hier aan die vorm. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain, ’n Franse sterrekundige, ontdek.
65849
Die Dolfyn (Latyn: Delphinus) is ’n sterrebeeld in die noordelike lugruim, naby die hemelewenaar. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Die helderste sterre in die Dolfyn vorm ’n duidelike en maklik herkenbare sterrepatroon. Die twee helderste sterre, Sualocin (Alpha Delphini) en Rotanev (Beta Delphini), het nie name uit die oudheid nie; dit kom uit ’n sterkatalogus van 1814 wat in die Palermo-sterrewag in Italië gepubliseer is. Wanneer dit van agter na voor gelees word, spel dit Nicolaus Venator, die Latynse weergawe van die naam van die destydse assistentdirekteur van die sterrewag, Niccolò Cacciatore (Cacciatore en Venator beteken albei "jagter"). Dié twee sterre is albei veelvoudige sterre; Sualocin bestaan uit sewe komponente en Rotanev uit vyf. Gamma Delphini is een van die mooiste dubbelsterre in die hemelruim. NGC 6891 is ’n planetêre newel en NGC 6934 ’n bolvormige sterreswerm. Op 14 Augustus 2013 is 'n nova deur die amateursterrekundige Koichi Itagaki in die Dolfyn ontdek.
66359
Eridanus of Rivier is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is die Antieke Griekse naam van die Po-rivier in Italië. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Eridanus is die sesde grootste sterrebeeld. Die helderste ster in Eridanus is Achernar (α Eri), met ’n helderheid van 1 mag. Dit is ’n eienaardige ster: dis een van die platste sterre sover bekend. Waarnemings dui aan dat sy radius by sy ewenaar sowat 50% groter is as by die pole. Die verwringing vind plaas omdat die ster baie vinnig in die rondte tol. Nog ’n bekende ster is Epsilon Eridani, wat baie naby aan die Aarde en baie soos die son is. Daar word nou geglo dit het minstens een planeet wat waarskynlik ’n gasreus is, nes Jupiter. Eridanus bevat die sterrestelsels NGC 1234 en NGC 1300. Laasgenoemde is ’n spiraalvormige sterrestelsel 69 miljoen ligjare van die Aarde af. Binne-in die spiraal bestaan ’n ander spiraalvormige sterrestelsel met ’n deursnee van 3 300 ligjare.
109443
Six Fountains is 'n klein voorstad in die ooste van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is geleë tussen die Silver Lakes sekuriteitsoord aan die oostekant en Wapadrand en Equestria aan die westekant. Die Wilgers lê nog verder weswaarts, in die rigting van die stad. "Subplek Six Fountains". Sensus 2011. Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
110976
Tamboekiesdraai is 'n nedersetting in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Tamboekiesdraai". Sensus 2011. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
118566
Dinokana is 'n dorp in Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. "Hoofplek Dinokana". Sensus 2011.
137845
KwaSithole is 'n nedersetting in die Mtubatuba Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. KwaSithole is histories die tradisionele nedersetting van lede van die Sithole-stam, 'n onderafdeling van die Zoeloevolk. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek KwaSithole". Sensus 2011. Hierdie KwaZulu-Natal-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
65472
Die Bitteraalwyn (Aloe ferox) is 'n struik wat deel is van die aalwynfamilie en word aangetref in Lesotho, die Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap. Die plant blom vanaf Mei tot September. Die struik is 'n stadige groeier met 'n enkelstam en dik, doringrige, vlesige blare en buisvormige, oranjerooi blomme. Dit is 'n uitstekende struik vir die rotstuin en verkies vol son en matige water. Die sap van die blare word vir medisyne en skoonheidsprodukte gebruik. Die aalwyn word geklassifiseer as 'n boom en sy nasionale nommer is 29.2. Die beweidingskapasiteit is gering: 'n Bitteraalwyn. Bitteraalwyne in die veld. Blomme Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo. Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9 http://redlist.sanbi.org/species.php?species=2206-93
26035
Borskanker is 'n kwaadaardige gewas wat ontstaan weens die ongekontroleerde en onbeheerste groei en vermenigvuldiging van 'n sel in die bors wat 'n reeks mutasies (veranderings) ondergaan het. Hoewel die gewas aanvanklik net die bors affekteer, kan borskanker versprei wanneer selle uit die gewas ontsnap en deur die bloed en limfstelsel versprei na ander dele van die liggaam soos die longe en skelet, waar dit vermenigvuldig en ander gewasse vorm. Dié proses word metastase (uitsaaiing) genoem. Die belangrike ontdekking in die twintigste eeu dat kanker veroorsaak word deur 'n reeks fundamentele genetiese foute in 'n enkele sel, het grootliks daartoe bygedra dat borskanker teen die einde van die twintigste eeu gestroop was van mistiek en bygeloof. Dit het ook bygedra tot die groeiende bewustheid onder vroue van die belangrikheid van selfondersoeke, vroeë diagnose en behandeling. Die sukses van behoudende chirurgie en doeltreffender behandelingsmetodes om verspreide borskanker te hanteer, het bygedra tot 'n baie beter borskankeroorlewingsyfer as in die verlede. Nietemin is dit steeds die siekte wat vroue die meeste vrees. Dit eis meer lewens van vroue tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar as enige ander siekte.
30116
Zabaikalski-krai (Russies: Забайкальский край) is genoem na die geografiese gebied Transbaikal ("agter die Baikal") en is sedert 1 Maart 2008 ’n krai van Rusland. Dit het ontstaan deur die samesmelting van die Tsjita-oblast en die Agin-Boerjatiese Outonome Okroeg nadat ’n referendum daaroor op 11 Maart 2007 gehou is. Meer as 90% van die inwoners het daarvoor gestem. Volgens die sensus van 2010 het die gebied 1 107 107 inwoners, waarvan Russe 89,9%, uitmaak, Boerjate 6,8% en Oekraïners 0,6%. Daar is reeds planne om die nuwe gebied later te laat saamsmelt met die outonome republiek Boerjatië en die saamgevoegde Irkoetsk-oblast om die Baikal-krai te vorm. Rawil Geniatoelin, goewerneur van die Tsjita-oblast, is op 5 Februarie 2008 verkies tot goewerneur van Zabaikalski-krai deur die meerderheid van doema-afgevaardigdes van Tsjita en Agin-Boerjatië. Hy is sedert 1 Maart 2008 in die amp. Die eerste tekens van menslike lewe in die streek dateer terug na 35 000 tot 150 000 jaar gelede. Vroeë bewyse is ontdek aan die oppervlak van antieke riviergruis van die Girsjeloenki (’n sytak van die Chilokrivier) naby die stad Tsjita.
3724
Heidelberg is 'n dorp met 35 563 inwoners in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Heidelberg is geleë aan die voet van die Suikerbosrand, langs die N3-snelweg wat Johannesburg met Durban verbind. Die dorp het in 1862 ontstaan as 'n handelstasie, opgerig deur 'n Duitser, H.J. Uekermann. Heelwat van die geboue wat dateer uit die tydperk 1890 tot 1910 het behoue gebly en is steeds kenmerkend van Heidelberg. Die huis van A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter, is geleë in die dorp. Die Heidelberg-konsentrasiekamp-begraafplaas van vroue en kinders wat gesterf het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Heidelberg-Vervoermuseum is gesluit nadat British American Tabacco hul geldelike steun onttrek het. Die Suikerbosrand Natuurreservaat het 'n groot verskeidenheid dier-, plant- en voëlspesies. Heidelbergkloof was 'n gewilde ontspanningsoord met verskeie fasiliteite soos swem, piekniek en kampering, dit is nou 'n eksklusiewe woonbuurt met toegangsbeheer. Daar is 'n gedenkteken vir die Driemanskap wat die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1880 voorlopig uit Heidelberg bestuur het. Die NG Kerk, ingewy in 1890, is tot 'n nasionale monument verklaar.
13006
Hopefield is 'n dorp in die Saldanhabaai munisipaliteit 37 km oos van Vredenburg op die hoofpad na Malmesbury met 'n bevolking van sowat 6 500 inwoners. Hopefield is die grootste dorp in die Sandveld. Die dorp het in Desember 1851 ontstaan toe die NG Kerk 'n nuwe gemeente (Zouterivier) op die plaas Langekuil gestig het. Die eerste woonerwe is in 1852 uitgemeet deur twee beamptes van Kaapstad: majoor Hope en mnr. Field en die dorp is na hulle vernoem. Die spoorlyn vanaf Kaapstad het die dorp in 1903 bereik. 'n Munisipaliteit is in 1914 gestig. Die dorp lê weerskante van die Soutrivier. Die NG gemeente is meer as 160 jaar oud. Munisipaliteit (1) — Tot en met 1970 was Hopefield se munisipale wapen 'n anker op 'n skild binne 'n skildsoom. Munisipaliteit (2) — 'n Verbeterde wapen is in 1970 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n blou dwarsbalk belaai met 'n skedel van 'n voorhistoriese dier van goud en vergesel in die skildhoof van twee gousblomme van rooi en in die skildvoet van 'n sespuntige ster van blou.
21165
Leliefontein is 'n klein sendingstasie-dorpie wat ongeveer 29 km vanaf Kamieskroon in die Kamiesberge geleë is. Die dorpie het blykbaar sy naam gekry van die wit lelies, met botaniese naam Androcymbium ciliolatum maar algemeen bekend as die "Bobbejaanskoen" of "Patrysblom", wat in die maande Augustus tot Oktober deel is van die Namakwalandse blommeprag. Die dorpie het in 1816 ontstaan toe eerwaarde Barnabas Shaw die eerste Wesleyaanse sendingstasie geopen het na hy en 'n hoofman van die Namakwastam mekaar in die middel van nêrens ontmoet het. In 1854 het die goewerneur sir George Cathcart die grond om die kerk aan die Namakwastam geskenk in 'n ewigdurende erfpag. In Januarie 1902 het die dorpie deel gehad aan die Tweede Vryheidsoorlog toe kommandant Manie Maritz die dorp besoek het om 'n proklamasie te bedien op die destydse kleurlinginwoners, omdat hulle beskuldig is van sameswering met die Engelse soldate teen die Boerekrygers. Die leier van die Basters, soos wat Maritz na die inwoners verwys het, het na bewering vir Maritz met 'n kierie geslaan en dit het tot 'n geveg gelei waartydens van die inwoners gedood is.
20714
Vereeniging is 'n stad in die suide van die provinsie Gauteng, Suid-Afrika, aan die Vaalrivier. Die dorp is in 1892 gestig en vernoem na die oorspronklike eienaar, die Suid-Afrikaanse en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Myn Vereeniging. Die naam dui nie op die politieke pogings om eenheid tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Vrystaat te weeg te bring of tussen die vier kolonies in 1910 nie. Die maatskappy het reeds in 1882 aansoek gedoen om die aanlê van 'n dorpsgebied op die plaas Leeuwkuil, maar dit is eers in 1889 deur pres. Paul Kruger toegestaan. Die dorp het in 1912 munisipale status verkry. Daar is met steenkoolmyne, danksy die ondersteuning van Samuel Marks begin en die dorp se belangrikheid het toegeneem weens sy ligging op die grens van die destydse Transvaal. Die ontwikkeling van Vereeniging is verder aangewakker deur die voltooiing van die spoorlyn van die Kaap. In Mei 1902 het die dorp wêreldberoemd beword met die vredesonderhandelings wat daar plaasgevind het en tot die einde van die Tweede Vryheidsoorlog sou lei, hoewel die Vrede van Vereeniging eintlik in Melrose-huis, die huis van George Heys in Pretoria onderteken is.
125171
Maviljan A is 'n nedersetting in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit is net oos van Bosbokrand geleë. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Maviljan A". Sensus 2011.
125284
Itsani is 'n nedersetting in die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit van Vhembe-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Itsani". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
137661
Mphakathini is 'n nedersetting in die Groot Vyf Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in oostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Mphakathini". Sensus 2011. Hierdie KwaZulu-Natal-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
293660
Mzwini is 'n nedersetting geleë noordoos van Oos-Londen. Dit val onder die Groot Kei Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Mzwini". Sensus 2011. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
92964
Psamtik I of Psammetichus I was ’n farao van die 26ste Dinastie van Antieke Egipte. Sy praenomen, Wah-Ib-Re, beteken "Konstant is die Hart van Ra". Psamtik I is saam met sy pa, Necho I, deur die Assiriërs weggevoer nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle by ’n komplot van Taharqa betrokke was. Hulle is eindelik vrygelaat en toegelaat om as leenhere oor Egipte te regeer. Psamtik het beheer oor Athribis gekry en toe sy pa in 664 v.C. sterf, het hy ook beheer oor Memphis en Saïs oorgeneem. Hy wou oor die hele Egipte regeer en het eers die res van die Nyldelta oorgeneem. Die suide van die land was egter nog onder beheer van die heersers van Koesj. Psamtik het sy mag in die suide uitgebrei deur Thebaanse amptenare geleidelik ná hul dood deur sy vertrouelinge te vervang. Hy is eindelik in sy negende bewindsjaar erken as koning van Bo- en Benede-Egipte. Hy het gebruik gemaak van ’n burgeroorlog in Assirië om onder hul invloed uit te kom en onafhanklik te regeer.
93301
Kepler-186f is ’n eksoplaneet wat om die rooidwergster Kepler-186 wentel. Dit is sowat 500 ligjare van die Aarde af en is die eerste eksoplaneet met ’n radius min of meer dié van die Aarde wat in die bewoonbare sone van ’n ander ster gevind is. Nasa se Kepler-ruimteteleskoop het dit bespeur met die oorgangsmetode, saam met vier ander planete wat nader aan die ster voorkom – hulle is almal effens groter as die Aarde. Dit is op 17 April 2014 aangekondig en daarna in die tydskrif Science gepubliseer. Kepler-186f wentel elke 129,9 dae om ’n ster met sowat 4% van die Son se ligsterkte. Dit kom voor aan die buitenste rand van die bewoonbare sone, soortgelyk aan die posisie van Mars in die Sonnestelsel. Die enigste fisiese eienskap wat direk afgelei kan word van die waarnemings, is die radius van 1,11 keer dié van die Aarde. Dit is dus sowat 11% groter. Dit beteken die totale oppervlakte van Kepler-186f is sowat 23% groter en die volume sowat 37% groter as die aarde s'n.
38313
Groblershoop is 'n dorp in die Noord-Kaap, in Suid-Afrika, tussen Marydale en Grootdrink. Die Oranjerivier, en die Boegoebergdam is naby die dorp geleë. Die dorp is in 1936 gestig. Die N10 nasionale pad gaan deur Groblershoop. Volgens die 2011-sensus het die dorp vir sensusdoeleindes 13,67 km² gehad. Van die 4 938 inwoners was 4 204 (85,14%) bruin, 444 (8,99%) swart en 207 (4,19%) wit. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn kruis die N10 nasionale pad net noord van Groblershoop en die Witsand Natuurreservaat is 59 km noordoos van Groblershoop. Groblershoop het oorspronklik as Sternham bekendgestaan en is so genoem na ’n ene Stern wat in die 1920's in die omgewing geboer het en ’n klein pompstasie gebou het om watter uit die Oranjerivier te voorsien. Ongelukkig het die vloed van 1925 sy onderneming verwoes. Selfs reeds in die 1890's het ene Litchfield ’n klein hidro-elektriese kragopwekker en pomp op die Oranje gehad. Hy was bewus van die moontlike van besproeiing in die riviervallei. Mense het al van 1872 af aan die oewers van die rivier geboer en met veel moeite water vir besproeiing daaruit getrek.
40548
Cathcart is 'n dorp in die Oos-Kaap, tussen Komani (Queenstown) en Stutterheim. Die N6 nasionale pad loop deur Cathcart. Die dorp het ontstaan as 'n militêre buitepos aan die hange van die Windvogelberg. Die dorp is aanvanklik vernoem na 'n hoofman van die San voordat hulle deur die Thembu Xhosas verdryf is. Die eerste woonerwe is in 1858 verkoop en die dorp hernoem na sir George Cathcart, goewerneur van die Kaapkolonie van 1852 tot 1854. Sir George het die Agtste Grensoorlog tussen die Xhosas en die setlaars beëindig. Hy het ook baie gedoen om die veiligheid van die grensbewoners te verbeter. Vir hoofartikel sien NG gemeente Cathcart Die gebied wat nou Cathcart heet, was sowat 30 jaar lank 'n buitewyk van die NG gemeente Queenstown, maar teen Julie 1905 het daar sprake van afstigting gekom. Toe 'n gemeentevergadering gehou is, kon daar egter nie tot 'n beslissing gekom word nie. Hierop is besluit om lyste uit te stuur om die gevoel van die lidmate te toets. Die gevolg hiervan was dat weer 'n gemeentevergadering gehou is, waarop die stemming meer beslissend was.
53698
Daveyton is 'n groot township wat aan die oostelike Oos-Rand in Gauteng, Suid-Afrika geleë is. In 2011 het die gebied 'n bevolking van 127 967 gehad, waarvan 126 907 (98.5%) swart was. Daveyton grens aan Etwatwa in die noordooste, Springs aan die suide en Benoni aan sy suidweste. Die naaste dorp is Benoni, ongeveer 18 kilometer weg. Daveyton is in 1952 gestig, en vernoem na William Albert Davey, die burgemeester van Benoni van 1951 tot 1953. Daveyton het in 1983 munisipale status verkry. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Daveyton". Sensus 2011. Who's Who of Southern Africa, including Mauritius, 1976. The Argus Printing and Publishing Co. Johannesburg, 1976 p 235.
195629
Ndaya is 'n nedersetting in die Vulamehlo Plaaslike Munisipaliteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. "Hoofplek Ndaya". Sensus 2011.
110988
Ngagane is 'n dorpie in Amajuba-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. "Hoofplek Ngagane". Sensus 2011.
104084
Eastwood is 'n klein voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Eastwood is geleë oos van die Uniegebou en tussen die ambassades van verskeie buitelandse lande. "Subplek Eastwood". Sensus 2011. Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
104075
Lynnwood Glen is 'n voorstad van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die voorstad is in 1967 gestig en is geleë op 'n gedeelte van die oorspronklike plaas Hartebeestpoort wat aan mnr. F.E.B. Struben behoort het. Dit word begrens deur Atterburyweg aan die suide, January Masilela-rylaan (voorheen Generaal Louis Bothalaan) aan die ooste, Lynnwoodweg aan die noorde en die N1-snelweg aan die westekant. Die Moreletta- en Waterkloofspruit loop deur die voorstad en die Strubendam-voëlreservaat is daarin geleë. Die gebied is bekend vir sy unieke verskeidenheid inheemse voëls en klein soogdiere. "Subplek Lynnwood Glen". Sensus 2011. "Development and Management Plan for the Lynnwood Road - Brookside Road Section of the Moreletaspruit, For the years 2004 to 2008, 3.2.1 Flora, Compiled November 2003" (PDF). Friends of Moreletaspruit. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Maart 2016. Besoek op 5 Oktober 2015. "Lynnwood Glen Residents Action Group" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2015. Besoek op 5 Oktober 2015.
104748
Mbazwana is 'n dorp in die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit van KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Mbazwana". Sensus 2011. Hierdie KwaZulu-Natal-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
104931
Bandelierkop is 'n nedersetting in Makhado Munisipaliteit in Limpopo, Suid-Afrika. Dit lê ongeveer 35 km suidwes van Louis Trichardt, op die roete tussen Polokwane en Beitbrug. Die Afrikaanse benaming vir die plek kom blykbaar uit 'n destydse voorval toe 'n burger, Jan du Preez, terug gestuur is om sy bandelier wat hy vergeet het toe die kommando hulle kamp afgeslaan het, te gaan haal. Lys van dorpe in Suid-Afrika Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 68. Besoek op 28 Augustus 2015.
232146
Susan Sontag (Januarie 16, 1933 – Desember 28, 2004) was 'n Amerikaanse skrywer, filmregisseur, filosoof, onderwyser, en politieke aktivis. (1963) The Benefactor ISBN 0-385-26710-X (1967) Death Kit ISBN 0-312-42011-0 (1992) The Volcano Lover ISBN 1-55800-818-7 (1999) In America ISBN 1-56895-898-6 The Way We Live Now (1990) A Parsifal (1991) Alice in Bed (1993) Lady from the Sea (1966) Against Interpretation ISBN 0-385-26708-8 (1969) Styles of Radical Will ISBN 0-312-42021-8 (1980) Under the Sign of Saturn ISBN 0-374-28076-2 (2001) Where the Stress Falls ISBN 0-374-28917-4 (2003) Regarding the Pain of Others ISBN 0-374-24858-3 (2007) At the Same Time: Essays & Speeches ISBN 0-374-10072-1 (1969) Duett för kannibaler (Duet for Cannibals) (1971) Broder Carl (Brother Carl) (1974)
61050
Die Helmknorhane (Dactylopteridae) is 'n familie visse wat tot die orde Scorpaeniformes hoort. Daar is drie genera met minstens sewe spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die familie se lywe is lank en breed en bedek met skubbe. Die kop is groot en stomp met die bene wat so verbind is dat dit lyk soos 'n helm. Die pektorale vinne is baie groot in vergelyking met die liggaam en reik verby die dorsale vin. Die grootte wissel van 30 – 60 cm. Die familie is bodem bewoners en vreet skaaldiere, slakke en bodem vis. Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor: Dactyloptena Dactyloptena orientalis - Helmknorhaan Dactyloptena peterseni - Ster-helmknorhaan Dactyloptena orientalis Dactyloptena orientalis Dactyloptena orientalis Dactyloptena orientalis Dactylopterus volitans Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
66606
Die Klein Beer of Klein Wa (Latyn: Ursa Minor) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Nes by die Groot Beer kan die Klein Beer se stert gesien word as die handvatsel van ’n lepel, vandaar die Engelse naam Little Dipper wat soms gebruik word. Die Klein Beer is veral bekend daarvoor dat die noordelike hemelpool daarin geleë is, hoewel dit oor ’n paar eeue sal verander vanweë die presessie van die nagewenings. Vanweë sy beweging beskryf die aarde se as in 25 770 jaar ’n groot draaiende keël aan die hemel, sodat die twee hemelpole in ’n sirkel beweeg en dus langsamerhand skuif. Die sewe helderste sterre van die Klein Beer vorm die handvatsel van ’n opskeplepel. Die ster aan die einde van die handvatsel is Polaris, die noordelike poolster. Die vier sterre wat die "kom" van die opskeplepel vorm, is ongewoon omdat hulle ’n helderheid van 2, 3, 4 en 5 mag het.
87305
Winston-Salem is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina met ongeveer 234 349 inwoners. Dit is naby Greensboro in Noord-Carolina geleë. Die stad word Winston-Salem genoem, want dit het aanvanklik uit twee dorpe bestaan: Winston en Salem, wat later saamgesmelt het. Winston-Salem is in sentraal Noord-Carolina geleë. Die Interstate 40-hoofweg loop deur die stad. Die stad het 'n gematigde klimaat met warm somers en koel winters. Dit kry ongeveer 1130,8 mm reën per jaar en dit sneeu ook soms daar. Die Ou Salem is 'n historiese deel van Winston-Salem. Besoekers kan hier leer hoe mense rondom 1800 gelewe het. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
44976
Gordeldiere, ook bekend as armadille, (Dasypodidae) is die enigste soogdiere wat beenpantser in hul vel besit; "armadil" is afkomstig van die diere se Spaanse benaming, "armadillo", wat "klein gepantserde een" beteken. Gordeldiere is versprei oor Midde- en Suid-Amerika en woon in verskeie habitats. Die negebandgordeldier (Dasypus novemcinctus) is die enigste spesie wat sy woongebied tot Noord-Amerika uitgebrei het, in die suidooste van die Verenigde State. Merkwaardig van negebandgordeldiere is dat die wyfie telkens die lewe aan 'n geneties-identiese vierling skenk. In die verlede was gordeldiere o.a. saam met die miervreters (familie Myrmecophagidae) en luiaards (familie Bradypodidae) in die orde Edentata ("tandarmes") geklassifiseer, omdat hierdie diere nie snytande of kiestande sou hê nie (of slegs sleg ontwikkelde kiestande het). Daar is later ontdek dat hierdie orde ongeldig is, aangesien min van hierdie families in werklikheid dieselfde gemeenskaplike voorouer gedeel het. Vandag word gordeldiere as die enigste oorlewende familie van die gordeldieragtiges, die orde Cingulata, beskou. Daar is altesaam 21 spesies in agt genera.
293912
Anthony LaPaglia (gebore 31 Januarie 1959) is 'n Australiese akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente So I Married an Axe Murderer (1993), Empire Records (1995), en Lantana (2001), en in die televisiereeks Without a Trace (2002). 1991: 29th Street 1991: He Said, She Said 1991: One Good Cop 1992: Innocent Blood 1992: Whispers in the Dark 1993: So I Married an Axe Murderer 1993: The Custodian 1994: Killer 1994: Paperback Romance 1994: Mixed Nuts 1995: Empire Records 1995: Chameleon 1996: Brilliant Lies 1997: Commandments 1998: Phoenix 1998: Mob Law: A Film Portrait of Oscar Goodman 1998: The Repair Shop 2000: Autumn in New York 2000: Looking for Alibrandi 2001: Lantana 2001: The Bank 2002: Dead Heat 2002: The Guys 2003: Happy Hour 2003: Spinning Boris 2004: Winter Solstice 2006: Played 2006: The Architect 2008: $9.99 2009: Balibo 2012: Overnight 2012: Mental 2012: Underground: The Julian Assange Story 2014: A Good Marriage 2015: The Operative 2015: A Month of Sundays 2016: The Assignment 2017: Annabelle: Creation Miracle Violet 2002: Without a Trace 2008: Tellement vrai 2018: City of Evil (Adelaide) 1988: Frank Nitti: The Enforcer 1988: Police Story: Gladiator School 1990: Criminal Justice 1991: Keeper of the City 1991: The Brotherhood 1994: Past Tense 1996: Never Give Up: The Jimmy V Story 1997: The Garden of Redemption 1999: Black and Blue 2006: Johnny Warren's Football Mission 2012: Americana 2013: Boomerang 2013: The Cast of Frasier: Where Are They Now? 2014: Red Zone 2015: The Eichmann Show 2006: Enough Rope with Andrew Denton: Screen Stars 2011: All-Star Superman Anthony LaPaglia in die Internet-rolprentdatabasis
79458
William Henry Harrison (9 Februarie 1773 – 4 April 1841) was die negende President van die Verenigde State. Hy was 'n offisier in die Amerikaanse Weermag en is die eerste President wat gedurende sy ampstermyn gesterf het. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
2549
Die jaar 1006 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 6de jaar van die 11de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Die supernova, SN 1006, word tussen 30 April en 1 Mei oor die hele wêreld waargeneem. Onbekend – Konstantyn X, keiser van die Bisantynse Ryk († 1067) Gisela van Boergondië, keiser Hendrik II se moeder
67895
Elbe-Elster (Duits amptelik: Landkreis Elbe-Elster) is 'n administratiewe distrik in die suide van die Duitse deelstaat Brandenburg. Dit is na die twee belangrikste riviere in die gebied, Elbe en Elster, vernoem. Elbe-Elster is in Desember 1993 gevorm toe drie kleiner voormalige distrikte - Herzberg, Bad Liebenwerda en Finsterwalde - saamgesmelt het.
18812
Robert Gabriel Mugabe (21 Februarie 1924 – 6 September 2019) was 'n Zimbabwiese politikus. Hy was vanaf 1980 die staatshoof van Zimbabwe, eers as eerste minister en later as president. In die laaste jare van sy presidentskap is hy deur vele as 'n diktator gesien wat ter wille van magsbehoud die ekonomiese welsyn van die Zimbabwiese bevolking opgeoffer het. Mugabe is naby die destydse Fort Victoria (vandag Masvingo) gebore en het aan talle universiteite studeer, waaronder die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika asook in Accra, Ghana. In 1960 het hy na Suid-Rhodesië teruggekeer en 'n stigterslid van die ZANU-party geword. Vanaf 1964 het hy tien jaar in die tronk spandeer. Daarna het hy Rhodesië verlaat en na Mosambiek gegaan om met die Zimbabwe African National Liberation Army (ZANLA, die militêre afdeling van die ZANU-party) teen Ian Smith se blanke regering van Rhodesië te veg. Gedurende dié konflik het die ZANLA ook wit boere se plase aangeval. Die uiteinde van die oorlog teen Blanke-Rhodesië was dat die land na Zimbabwe hernoem is en dat Robert Mugabe ná die eerste vrye verkiesing op 4 Maart 1980 Zimbabwe se eerste minister geword het.
75172
Clement Richard Attlee, 1st Earl Attlee (* 3 Januarie 1883; † 8 Oktober 1967), was 'n Britse politikus wat tussen 1945 en 1951 as eerste minister en, vanaf 1935 tot en met 1955, as leier van die Britse Arbeidersparty gedien het. Attlee was die eerste politikus wat die amp van vise-premier (deputy prime minister) beklee het (in die koalisie-regering onder Winston Churchill wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gevorm is) en 'n reuse-oorwinning vir die Arbeidersparty in die algemene verkiesing van 1945 behaal en in 1950, ná 'n naelskraap oorwinning, vir 'n tweede ampstermyn verkies is. Hy was die eerste premier uit die geledere van die Arbeidersparty wat 'n volle ampstermyn uitgedien het, asook die eerste wat met 'n algehele meerderheid van setels vir die Arbeidersparty in die Britse Laerhuis kon regeer. Tot dusver het geen ander leier van die Arbeidersparty hierdie funksie langer vervul as Clement Attlee nie. Attlee het as afgevaardigde vir die Limehouse-kiesafdeling in die algemene verkiesing van 1922 vir die eerste keer 'n setel in die Britse parlement gewen en was in sy politieke loopbaan binnekort suksesvol genoeg om in 1924 as minister in die minderheidsregering van Ramsay MacDonald aangewys te word.
44267
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Ram (sterreteken). Die Ram (Latyn: Aries) is ’n sterrebeeld van die diereriem. Dit is in die Noordelike Halfrond tussen die Visse in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die simbool daarvan is (Unicode ♈), wat ’n ram se horings voorstel. Dit is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit het ’n gemiddelde grootte van 441 vierkante grade (39ste van al die sterrebeelde). Die Ram stel nou die ram voor waarvan die vlies in Antieke Griekeland die Goue Vlies geword het, hoewel dit reeds sedert Babiloniese tye ’n ram verteenwoordig het. Die sterrebeeld is redelik dof en het net vier helder sterre, asook ’n paar taamlik dowwe sterrestelsels en verskeie meteoorreëns. Die Ram het drie prominente sterre wat ’n asterisme vorm: Alpha, Beta en Gamma Arietis. Al drie word algemeen vir navigasie gebruik. Daar is nog ’n ster helderder as 4 mag, 41 Arietis.
44996
Perm-krai (Russies: Пе́рмский край, Permski krai) is ’n deelgebied van Rusland wat op 1 Desember 2005 tot stand gekom het ná die samesmelting van Perm-oblast en die outonome okroeg Komi-Permjak. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Perm. Komi-Permjak het sy outonome status en eie begroting behou tydens die oorgangstydperk van 2006 tot 2008. Die oorgangsfase is deels ingestel omdat Komi-Permjak baie afhanklik was van federale subsidies en ’n skielike beëindiging daarvan sou sy ekonomie kwaai geskaad het. Perm-krai is in die ooste van die Oos-Europese Vlakte en aan die westelike hange van die Oeralgebergte geleë. Altesaam 99,8% van sy grondgebied lê in Europa en net 0,2% in Asië. Die krai grens in die noorde aan die Republiek Komi, in die noordweste aan Kirof-oblast, in die suidweste aan Oedmoertië, in die suide aan Basjkortostan en in die ooste aan Swerdlofsk-oblast. Die gebied se grense is langer as 2 200 km. Die hoogste punt is berg Toelimski Kamen (1 496 m). Daar is meer as 29 000 riviere in Perm-krai.
49965
Die Georgiese skrifte is die drie skryfstelsels wat gebruik word om Georgies mee te skryf: Asomtawroeli, Noeschoeri en Mchedroeli. Hul letters stem ooreen en het dieselfde name en alfabetiese volgorde. Al drie alfabette is eenkasstelsels (hulle het nie aparte bo- en onderkasletters nie). Hoewel al drie nog gebruik word, word Mchedroeli aanvaar as die standaard vir Georgies en die ander Kartweliese tale. Die moderne skrifte het 33 letters. Hulle het oorspronklik 38 gehad, maar vyf het in onbruik geraak. Die Georgiese Koninkryk van Iberië is in die 330's n.C. tot die Christendom bekeer. Kenners glo die ou Georgiese alfabet, Asomtawroeli, wat op die Latynse alfabet geskoei is, was nodig om godsdienstige leesstof toegankliker vir die Georgiërs te maak. Dit het in die 4de of 5de eeu gebeur. Die oudste voorbeeld van dié alfabet is ’n inskripsie uit 430 n.C. in ’n kerk in Betlehem. Asomtawroeli (ასომთავრული, "hoofletters") is afgelei van aso (ასო, "letter") en mtawari (მთავარი, "hoof"). Ondanks die Georgiese naam was dit ook ’n eenkasstelsel, nes die moderne Georgiese alfabet.
264746
Alioth (ook bekend as Epsilon Ursae Majoris of ε UMa) is die helderste ster in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major), al het dit die Bayer-aanwysing epsilon. Met ’n skynbare magnitude van 1,77 is dit die 32ste helderste ster in die naglug. Dit is die ster in die stert van die Groot Beer die naaste aan sy lyf, en lid van die Ursa Major-stergroep wat saam deur die lug beweeg. Die ster is histories dikwels in skeepshandel vir navigasie gebruik. Volgens Hipparcos is Aliot 81 ligjare van die Son af. Die "p" in sy sterreklassifikasie van A1 III-IVp kB9 staan vir "peculiar" of "buitengewoon" omdat sy spektrum kenmerkend van ’n α2 Canum Venaticorum-veranderlike is. Alioth is verteenwoordigend van hierdie soort sterre, wat ’n sterk magneetveld het. Alioth het baie vreemde spektraallyne wat oor ’n tydperk van 5,1 dae wissel. Die "kB9" in die klassifikasie dui aan die kalsiumlyn is teenwoordig en dui op ’n B9-spektraaltipe, al dui die res van die spektrum op A1.
113545
Al-Masdjid al-Haram (Arabies: المسجد الحرام, letterlik die Heilige Moskee), ook genoem die Groot Moskee, is die grootste moskee (of masiet) in die wêreld en omring Islam se heiligste plek, die Kaäba. Dit is in die stad Mekka, Saoedi-Arabië, geleë. Moslems kyk in die kiebla (die rigting van die Kaäba) tydens hul salaah (gereelde gebede). Een van die Vyf Pilare van Islam vereis dat elke Moslem die hadj-pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy of haar lewe onderneem indien moontlik – dit is een van die grootste jaarlikse byeenkomste van mense in die wêreld. Die huidige struktuur beslaan ’n gebied van 356 800 m2, insluitende die bidgebiede binne en buite. Dit is te alle tye oop. Volgens die Koran het Abraham en sy seun, Ismael, die fondamente van ’n huis gelê [Koran 2:127] wat deur die meeste kenners as die Kaäba geïdentifiseer word. Allah het aan Abraham die presiese terrein uitgewys, na aan die Zamzam-put, waar hy en Ismael omstreeks 2130 v.C. met die bou van die Kaäba begin het.
121874
Die senuweestelsel is die deel van ’n dier wat al sy aksies koördineer deur die oordrag van seine na en van verskillende dele van die liggaam. Dié aksies sluit in die beweging van sy spiere en sy sintuiglike prikkels, asook by hoër diersoorte hul emosionele en kognitiewe prosesse. Die senuweestelsel wissel van eenvoudig by die lae diersoorte tot hoogs ingewikkeld by die hoë dieresoorte soos die mens. Senuweefsel het die eerste keer in wurmagtige organismes ontstaan, sowat 550 tot 600 miljoen jaar gelede. By gewerweldes bestaan die senuweestelsel uit twee hoofdele, die sentrale en die perifere senuweestelsel. Eersgenoemde bestaan uit die brein en rugmurg en laasgenoemde hoofsaaklik uit senuwees, kabelagtige bondels aksons, of senuvesels, wat die sentrale senuweestelsel met die res van die liggaam verbind. Senuwees wat seine van die brein af stuur, word motoriese of afvoerende senuwees genoem, terwyl dié wat seine van die liggaam na die sentrale stelsel stuur, sintuig- of toevoerende senuwees heet. Rugmurgsenuwees doen albei en word gemengde senuwees genoem. Die perifere senuweestelsel word verdeel in a) ’n somatiese en b) ’n outonome senuweestelsel en c) die ingewandsenuweestelsel.
136044
Raffia of Raphia is ’n genus van sowat 20 spesies palms wat inheems aan tropiese streke van Afrika, veral Madagaskar, is. Een spesie (R. taedigera) kom ook in Sentraal- en Suid-Amerika voor. R. taedigera is die bron van raffia, vesels van die blare wat vir weefwerk gebruik word. Dié spesie dra ook ’n vrug. Die bome word tot 16 m hoog en is bekend vir hul saamgestelde veeragtige blare, die langste in die planteryk; die blare van R. regalis word tot 25 m lank en 3 m breed. Die plante blom net een keer en gaan dood wanneer die sade ryp is. Raphia africana Otedoh – Nigerië, Kameroen Raphia australis Oberm. & Strey – Mosambiek, Suid-Afrika Raphia farinifera (Gaertn.) Hyl. – Afrika van Senegal tot Tanzanië, suid tot Mosambiek en Zimbabwe Raphia gentiliana De Wild. – Zaïre, Sentraal-Afrikaanse Republiek Raphia hookeri G.Mann & H.Wendl. – Wes- en Sentraal-Afrika van Liberië tot Angola Raphia laurentii De Wild. – Angola, Zaïre, Sentraal-Afrikaanse Republiek Raphia longiflora G.Mann & H.Wendl. – van Nigerië tot Zaïre Raphia mambillensis Otedoh – Nigerië, Kameroen, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan Raphia mannii Odoardo Beccari|Becc.
94659
Midway Internasionale Lughawe (IATA-kode: MDW, ICAO: KMDW), is 'n lughawe in Chicago, Illinois, VSA, op die stad se suidweste kant, agt myl (13 km) van die lus. Midway word oorheers deur die laekosteredery South West Airlines en is die Dallas-gebaseerde karweier se grootste fokusstad. Beide die Stevensonsnelweg en die Chicago Vervoerowerheid se Orange Line bied passasiers toegang tot die sentrum van Chicago. Midwaylughawe is die tweede grootste passasierslughawe in die Chicago metropolitaanse gebied, sowel as in die staat van Illinois, na O'Hare Internasionale Lughawe op die noordwestelike kant. (en) Lughawestatistiek vir Chicago, Desember 2012 Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine, gepubliseer op 23 Januarie 2013.
242516
Geraldine Farrar (28 Februarie 1882 – 11 Maart 1967) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Carmen (1915), Joan the Woman (1916), Flame of the Desert (1919), en The World and Its Woman (1919). 1915: Carmen 1915: Temptation 1916: Joan the Woman 1916: Maria Rosa 1917: The Devil-Stone 1918: The Hell Cat 1918: The Turn of the Wheel 1919: Flame of the Desert 1919: The World and Its Woman 1919: Shadows 1919: The Stronger Vow 1920: The Riddle: Woman 1920: The Woman and the Puppet Geraldine Farrar in die Internet-rolprentdatabasis
88327
Vir ’n artikel oor die ensiklopedie, sien Kennis (ensiklopedie). Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees (’n kennis ter wille daarvan om te weet) of prakties (om voordeel uit die kennis te trek). In filosofie word die studie van kennis epistemologie genoem; die filosoof Plato het kennis gedefinieer as "geregverdigde ware geloof". Daar bestaan egter baie definisies van kennis en teorieë om dit te verduidelik. Verskeie soorte kennis bestaan: van selfkennis tot godskennis, van vakkennis tot wetenskaplike kennis, van landskennis tot taalkennis. Die eindelike afbakening van filosofie van wetenskap is moontlik gemaak deur die idee dat die kern van filosofie ’n "teorie van kennis" is, ’n teorie wat afsonderlik van die wetenskap is omdat dit die "grondslag" daarvan is . . . Sonder dié idee van ’n "teorie van kennis" is dit moeilik om te dink wat "filosofie" sou gewees het in die tydperk van moderne wetenskap.
25634
Emmanuel Lévinas (Kaunas, Litaue, 12 Januarie 1906 - Parys, 25 Desember 1995) was 'n Joods-Franse filosoof en Talmoed-kommentator. Wysgerig beskou, was hy 'n fenomenoloog en ekistensialis. Lévinas koester aanvanklik 'n groot bewondering vir Martin Heidegger maar het later die denke van Heidegger sowel as die eksistensieel fenomenologiese tradisie in sy geheel ge-kritiseer. Heidegger koester simpatieë vir die Duitse Nazi-regime, wat ook wel meegehelp het in die wysgerige breuk tussen Lévinas en Heidegger. Die kritiek van Lévinas op die fenomenologiese tradisie lui dat hierdie tradisie vanaf die begin geen ruimte laat vir wat Lévinas as sentraal in sy denke beskou het, naamlik die konsep van die "Ander" nie. Lévinas ontvang 'n tradisionele Joodse opvoeding in Litaue. Hy begin sy filosofiese studies aan die Strasbourg Universiteit in 1923, waar hy ook sy lewenslange vriendskap met die Franse filosoof Maurice Blanchot begin. In 1928, gaan hy na die Freiburg Universiteit om fenomenologie onder leiding van Edmund Husserl te studeer. By Freiburg ontmoet hy ook Martin Heidegger.
240839
Die Guadalquivir (Spaans: [gu̯aðalkiˈβiɾ]) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met 'n lengte van 657 km, is die vyfde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag, Ebro, Douro en Guadiana, asook die langste rivier van die Spaanse outonome gewes Andalusië. Die moderne naam van die rivier is van Arabies al-wādi al-kabīr (الوادي الكبير), wat "groot rivier" beteken, ontleen. Die Guadalquivir ontspring naby Cañada de las Fuentes in die Sierra de Cazorla in die outonome gewes Andalusië van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting deur die stede Córdoba en Sevilla, voordat hy by Sanlúcar de Barrameda in die Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan) uitmond. Die antieke naam van die Guadalquivir was Baetis en die Romeinse provinsie Hispania Baetica is na dié rivier genoem. In die Romeinse tydperk was die rivier tot by Córdoba bevaarbaar, maar hede is dit net tot by Sevilla dié geval. Vandag is die Guadalquivir die enigste groot rivier van Spanje, wat bevaarbaar is.
78029
Die koekoeke (Cuculidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde van koekoekvoëls (Cuculiformes) behoort. Die familie omvat nagenoeg 26 genera met 146 spesies. Koekoeke is skraal voëls met 'n lang stert, gekromde snawel en gepunte vlerke. Hulle kom in bykans alle gematigde en warmer streke van die wêreld voor. Sommige van die spesies is broeiparasiete wat nie hulle eie kuikens grootmaak nie. Wyfies van hierdie spesies lê hul eiers in ander spesies se neste. Hierdie eiers lyk gewoonlik baie soos die van die spesies wat hulle uitbuit. Die koekoeke se eiers broei dan gewoonlik eerste uit, waarna hulle hul pleegouers se eie eiers uit die nes skop om sodoende meer voedsel vir hulself te verseker. Teen die tyd wat hulle die nes verlaat, is hulle dikwels groter as hul pleegouers. Fossiele van koekoeke vanuit die laat Eoseen is in Europa en Noord-Amerika gevind.
221319
Carla Gallo (gebore 24 Junie 1975) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Mission: Impossible III (2006), Superbad (2007), Get Him to the Greek (2010), en Neighbors (2014). 2004: Sexual Life 2006: Mission: Impossible III 2007: Superbad 2010: Get Him to the Greek 2014: Neighbors 2017: Room for Rent 2001: Undeclared 2003: Carnivàle 2012: Blue 2011: Danni Lowinski 2008: Marcy's Waxing Salon Carla Gallo in die Internet-rolprentdatabasis Carla Gallo op Twitter
267771
Petrovna Metelerkamp is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Sy het die afgelope negentien jaar as uitgewer gewerk maar skryf tans voltyds. Sy skryf meestal in Afrikaans en is bekroon vir haar magistrale biografie oor die digteres Ingrid Jonker - een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars - naamlik: Ingrid Jonker - 'n Biografie. Sy is ook joernalis en radio-omroeper en was op die redaksie van die tydskrifte Huisgenoot en Insig. In 2003 stel sy Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe vry, en in 2012 Ingrid Jonker - A Poet's Life. Sy is die samesteller van onder meer Gesprekke oor Ingrid Jonker en die briewebundels 'n Blywende vreugde - Briewe van Audrey Blignault, Mits dese wil ek vir jou sê - Briewe van Hennie Aucamp, Briewe van Peter Blum, Briewe van Uys Krige en die korrespondensie tussen die broers WEG en NP van Wyk Louw. In 2020 verskyn haar biografie Jeanne Goosen - 'n lewe vol sinne. Sy woon en werk in Vermont in die Kaap.
273399
Gerard Schwarz (gebore op 19 Augustus 1947), ook bekend as Gerry Schwarz of Jerry Schwarz, is 'n Amerikaanse simfoniese dirigent en trompetspeler. Met ingang 2019 dien Schwartz as die Artistieke en Musikale Direkteur van die Palm Beach Simfonieorkes en die Direkteur van Orkestrale Aktiwiteite en Musikale Direkteur van die Frost Simfonieorkes by die Frost Skool van Musiek by die Universiteit van Miami. Lipman, Samuel. "Conductor of the Year 1994". Musical America. Besoek op 5 April 2019. DeCwikiel-Kane, Dawn. "EMF Breaks New Ground and Records". News & Record (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2019. Besoek op 5 April 2019. Sjostrom, Jan. "Palm Beach Symphony appoints former Seattle Symphony maestro Gerard Schwarz its new music director". Palm Beach Daily News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2019. Besoek op 31 Mei 2019. Amptelike webwerf van Gerard Schwarz Gerard Schwarz biografie Geargiveer 22 September 2019 op Wayback Machine Mees onlangse Biografie verkry van die Seattle Simfonieorkes Webwerf Onderhoud met Gerard Schwarz, 4 Februarie 1988
295863
'n Insekhotel is 'n mensgemaakte struktuur wat geskep is om insekte te beskerm. Hulle kan in verskillende vorms en groottes wees, afhangende van die spesifieke doel of spesifieke insek waarvoor dit voorsien. Die meeste bestaan uit verskillende afdelings wat insekplekke vir insekte bied - veral gedurende die wintermaande, waar hulle skuiling of toevlug gebied vir baie soorte insekte. Die doel daarvan is om 'n veilige gebied vir bestuiwers en andere nuttige insekte te bou. "How to build an insect home" (in Engels). Eden Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 17 Maart 2020. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Insekhotel. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
306207
Die Intracoastal Waterway (ICW) is 'n waterweg langs die Atlantiese Ooskus van die Verenigde State. Die waterweg, wat volgens 'n besluit van die Amerikaanse Kongres vanaf 1919 gebou en in 1940 voltooi is, het 'n lengte van 3 000 myl (4 800 km) en verbind Boston in Massachusetts as Atlantic Intracoastal Waterway met Key West in Florida. Dit strek as Gulf Intracoastal Waterway vanaf Appalachee in Florida verder weswaarts tot Brownsville in Texas. Die ICW word deur die U.S. Army Corps of Engineers onderhou. Die onderhoud vereis dat dele van die waterweg gereeld uitgebagger word om die vereiste dieptegang vir watervoertuie van twaalf voet te verseker. Enkele seksies van die waterweg bestaan uit natuurlike inhamme, soutwaterriviere, baaie en seestrate, ander dele daarvan is as kanale aangelê. Die waterweg bied 'n veilig bevaarbare roete waarlangs bote en skepe en hul bemannings nie aan die gevare van die oop see blootgestel is nie. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die waterweg 'n uiters belangrike roete vir die vervoer van militêre vragte omrede dit buite die operasiegebied van vyandelike duikbote was. Die waterweg is tolvry vir privaat plesierbote; vir kommersiële watervoertuie moet brandstofbelasting betaal word.
2804
Die jaar 711 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 11de jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 19 Julie – Moslem magte onder Tariq ibn-Ziyad verslaan Roderik, koning van die Wes-Gote, in Spanje. Dagobert III volg Childebert II op as koning van die Franke. 11 Desember – Justinianus II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 668/9)
2984
Die jaar 858 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 58ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 24 April – Pous Nicolaas I die Grote volg Pous Benedictus III op. 13 Februarie – Donald I volg sy broer Kenneth op as koning van die Pikte. Lodewyk die Duitser val sy broer Karel se Wes-Frankiese koninkryk aan. 13 Februarie – Kenneth I van Skotland (* 810). 17 April – Pous Benedictus III, die 104de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). Ethelwulf van Wessex, 'n koning van Wessex en Kent (* 800). The Carolingian World, Marios Costambeys, Matthew Innes, Simon MacLean, Cambridge University Press, 2011, ISBN 1-139-93614-X, ISBN 978-1-139-93614-9, bls 395
386913
Die T20I-wêreldbeker 2016 (Engels: 2016 ICC World Twenty20) het van 8 Maart tot en met 3 April 2016 in Indië plaasgevind. Dit was die sesde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is na dié toernooi as Wêreldtwintig20 2016 verwys, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka en die 2014-toernooi in Bangladesj was dit die derde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land. 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2016 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het.
19940
Hierdie artikel is oor die 1944-opstand in Warskou. Vir ander opstandings met 'n soortgelyke naam, sien Warskou-opstand (dubbelsinnig). Die Warskou-opstand (Pools: powstanie warszawskie) was 'n gewapende stryd deur Poolse Tuisleër (Armia Krajowa) tydens die Tweede Wêreldoorlog om Warskou van Duitse besetting en Nazi-bewind te bevry. Dit het op 1 Augustus, 1944, begin as deel van 'n landwye opstand, Operasie Storm. Die Poolse troepe het die Duits-geleide magte tot 2 Oktober teengestaan, 'n totaal van 63 dae. Ongeveer 9 000 soldate is gewond en 18 000 het gesterf; oor die 250 000 burgers het gesterf, meestal in massa-teregstellings deur die Duitse troepe. 17 000 Duitse soldate het gesterf en 9 000 is gewond. Tydens die stedelike geveg en ook na die tyd, toe Duitse troepe op Adolf Hitler se bevel die stad stelselmatig blok vir blok begin afbrand het, is 'n beraamde 85% van die stad verwoes. Die Opstand het op 'n belangrike tydstip in die oorlog begin, net toe die Sowjetse leër Warskou genader het.
21974
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tartare. Tartaars (татар теле; татарча, tatar tele, tatarça; تاتار تلی of طاطار تيلي) is 'n taal wat tot die Turkse taalgroep behoort. Dit word onder meer in die Russiese deelrepubliek Tartarstan gepraat. Dit word ook buite die republiek gepraat, tot in die weste van Eurasië in die Krim, Bessarabië en Litaue. Tartaars moet nie met Krim-Tataars, wat in die Krim gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie. Tartaarse Wikipedia "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tatar" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 8 November 2017. Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tartaars Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tartaars.
15770
Slaapversteurings word verdeel in dissomnias en parasomnias. Dissomnias is toestande gekenmerk deur versteuring in die aanvang of instandhouding van slaap of oormatige slaperigheid. Dit word as volg onderverdeel: Slapeloosheid Hipersomnia Narkolepsie Asemhalingverwante slaapversteuring Sirkadieseritmeversteuring Ongespesifiseerde dissomnia Parasomnias word gekenmerk deur abnormale gedrag of fisiologiese gebeurtenisse wat verband hou met slaap, spesifieke slaapstadia, of die oorgang tussen slaap en ontwaking. Dit word as volg onderverdeel: Nagmerrieversteuring Slaapangsversteuring Slaapwandelversteuring Ongespesifiseerde parasomnia Psigopatologie Sielkunde Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders. (4de uitg.) American Psychiatric Association. 1994.
31052
Die jaar 948 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 10de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Sinode van Ingelsheim beslis ten gunste van Artaud in sy geskil met Hugo oor die bisdom van Reims. Pous Benedictus VIII, die 143ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1024). 15 Junie – Romanos I van Bisantium, Bisantynse keiser (* circa 870)
59480
Funder Kirkeby is ’n plek in die Deense Midde-Jutlandstreek in die Silkeborg-munisipaliteit. Daar bly 587 inwoners (2008). Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
58694
Lidgetton is 'n klein nedersetting en spoorweghalte in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie lê in die vallei van die Leeurivier, 5 km noord van Dargle. Die dorpie is vernoem na John Lidgett wat met 'n immigrasieskema sowat 100 nuwe setlaars na die gebied gebring het in die laat 19de eeu. Lys van dorpe in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
66080
Rosaceae is die roos-familie wat hoort tot die orde Rosales. Hierdie familie sluit die genus Rosa in, een van die bekendste plante op aarde. Ander lede van die familie is die: appel, perske, pruim, nektarien, appelkoos, amandel, kersie, kweper en aarbei. Al die plante is afkomstig vanaf die Noordelike halfrond. Daar hoort 3000 spesies tot die familie waarvan 120 in Suider-Afrika voorkom en slegs sewe is bome. Van die Suider-Afrikaanse spesies is: Ouhout Leucosidea sericea Rooistinkhout Prunus africana Sterretjierysbos Cliffortia nitidula Amandel Prunus dulcis Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8 Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.