id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
68263
Die Peerklipmossel (Scutellastra cochlear) is 'n klipmossel (gastropood) wat voorkom feitlik aan die hele kuslyn van Suid-Afrika. Die skulp is peervormig en word tot 7 cm lank. Die binnekant is glad, wit en blougetint met swart vlekke. Daar is 'n swart, u-vormige merk waar die diertjie se spier vasgeheg was binne die skulp. Die diertjie leef in die tussengetysone, gewoonlik aan die laagste strook. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
72157
Flappe stuur hierheen aan. Vir die vliegtuigvlerktoestel, sien klappe. Euplectes (vinke en flappe) is 'n genus wat hoort tot die voëlfamilie Ploceidae. Die genus is verwant aan die wewers en is sterk dimorfiese, poligame voëls. Die broeiende mannetjies is oorwegend swart terwyl die nie-broeiende mannetjies, wyfies en jonges valerig is. Die genus bou 'n ovaalnes met 'n syingang. Die volgende spesies is deel van die genus: Geelrugflap Goudgeelvink Kaapse flap Kortstertflap Langstertflap Rooikeelflap Rooivink Witvlerkflap Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 Craig, Adrian J. F. K. (1980). "Behaviour and evolution in the genus Euplectes". Journal of Ornithology. 121 (2): 144–161. doi:10.1007/BF01642928. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
74359
---Sidenote START--- Abruzze (Italiaans: Abruzzo) is 'n administratiewe streek in Suid-Italië of Sentraal-Italië, oos van Rome langs die Adriatiese Seekus geleë met L'Aquila as sy hoofstad. Abruzze grens in die noorde aan Marke, in die weste en suidweste aan Latium en in die weste aan die Adriatiese See. Die streek beslaan 13 595 km² en het ongeveer 6 miljoen inwoners in 2004 gehad. Dikwels word na Abruzze verwys as die "wilde hart van Italië", gegewe die majestueuse, ontoeganklike bergmassiewe en digte bosse wat grotendeels nog nie deur massatoerisme geraak word nie en 'n habitat vir bedreigde dierspesies soos bere en wolwe vorm. Wilde diere was in die verlede ook een van die hoofredes hoekom mense die berglandskappe en bosse liefs vermy het. Die streek se tweede bynaam, "die groen hart van Italië", sinspeel op die feit dat 'n derde van die streek se natuurruimtes beskerming geniet as nasionale parke of natuurparke. Met drie nasionale parke en die streekspark Sirente-Velino word Abruzze deur die hoogste digtheid natuurparke in heel Italië gekenmerk.
80220
Die Kleinblouoorglansspreeu (Lamprotornis elisabeth) is 'n algemene standvoël in miombo-boomveld. Hulle kom dikwels in groot swerms voor in die winter. Die voël is 19 cm groot en weeg 52 - 66 gram. In Engels staan die voël bekend as die Miombo Blue-eared Starling. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2012). "Lamprotornis elisabeth". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
374532
Romulea viridibracteata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Romulea behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is inheems aan die Noord- en Wes-Kaap en kom van die Roggeveldberge tot by die Pakhuispas voor. Die plant het 50% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan voordat die gebied 'n beskermde gebied verklaar is. Die populasie het tans geen bedreigings nie en die plant word as seldsaam beskou. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1554-105 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:440881-1
227553
Die Toepolef Tu-22 was die eerste supersoniese bomwerper van die Sowjetunie. Die vliegtuig se ontstaan kan nagespoor word na 'n 1955-studie om 'n supersoniese bomwerper te produseer wat verdedigingslinies teen hoë hoogtes en met hoë spoed kan deurdring om kernwapens af te vuur. Die prototipe het sy nooiensvlug op September 1959 voltooi. Dit het die Sowjetlugmag se eerste suksesvolle supersoniese bomwerper geword. Die Weste het eers in 1961 bewus geword van die Tu-22 toe tien vliegtuie 'n publieke verbyvlug voltooi het. Die Weste het die vliegtuig die Blinder genoem. Die Tu-22 dra 'n bemanning van drie: vlieënier, navigator en radio operateur/skutter. Die ontwerp was uniek in die sin dat die twee motors by die basis van die stertvin geïnstalleer was. Daar is ook 'n 23 mm kanon in die stert geïnstalleer vir verdediging, dit was deur radar beheer. Daar is ongeveer 300 Tu-22's vanaf 1960 tot 1969 gebou. Die eerste model was die Tu-22A wat vryvallende kernbomme kon dra. Die Tu-22B kon AS-4 begeleide missiele dra en daar was 'n radargidsstelsel onder die neus geïnstalleer om dit te kon bewerkstellig.
1622
Die jaar 1575 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 8 Februarie – Die eerste Nederlandse universiteit, die Universiteit van Leiden, word gestig. 17 September – Heinrich Bullinger, Switserse kerkhervormer (* 1504)
116948
Die Slag om Brittanje (Engels: Battle of Britain) is die naam vir die gevegte tussen Duitse en Britse vegvliegtuie gedurende die somer en herfs van 1940 tydens die Tweede Wêreldoorlog. Britse vlieëniers het Duitse vlieëniers probeer verhinder om herhaaldelik bomme op Britse stede te gooi. Die bombardement is teen die einde van 1940 gestaak, en die Britte het dit as 'n groot oorwinning beskou. Winston Churchill het die vlieëniers van die Britse Lugmag (RAF) geprys met die woorde: "Nooit in die geskiedenis van oorlogvoering het soveel so baie aan so min te danke gehad nie" (Never in the field of human conflict was so much owed by so many to so few). Die Slag om Brittanje was die eerste groot veldtog wat slegs deur lugmagte besleg is. Dit was ook die grootste en langste lugbombardement tot op daardie datum. Van Julie 1940 was die vernaamste teikens konvooie skepe en hawens, soos by Portsmouth. 'n Maand later verskuif die Luftwaffe sy aanvalle na vliegvelde en ander infrastruktuur. Soos die stryd vorder, het die Luftwaffe ook fabrieke geteiken. Radarstasies langs die kus is verwoes, tot slegs een mas staande gebly het.
141184
Heterochone is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Hexactinellida. Heterochone aleutiana (Okada, 1932) Heterochone calyx (Schulze, 1886) Heterochone incognita (Koltun, 1967) Heterochone tenera (Schulze, 1899)
273076
Alicia de Larrocha y de la Calle (23 Mei 1923 – 25 September 2009) was 'n Spaanse pianis en komponis. Sy word gereken as een van die voorste legendes van die klavier van die 20ste eeu. Sy het veelvuldige Grammy toekennings verower asook 'n Prins van Asturias Toekenning vir die Kunste. Sy word daarmee gekrediteer dat sy groter gewildheid gebring het aan die werke van Isaac Albéniz en Enrique Granados. In 1995 het sy die eerste Spaanse kunstenaar geword om die UNESCO-prys te wen. Alicia de Larrocha was in Barcelona, Katalonië, Spanje gebore. Sy het op die ouderdom van drie jaar die klavier saam met Frank Marshall begin studeer. Beide haar ouers was pianiste en sy was ook die susterskind van pianiste. Sy het haar loopbaan op die verstommende ouderdom van drie jaar begin, en haar eerste openbare optrede op die ouderdom van vyf jaar gegee tydens die 1929 Barcelona Internasionale Uitstalling in Barcelona. Sy het haar eerste konsert op die ouderdom van ses jaar gegee tydens die Iberies-Amerikaanse Uitstalling in Sevilla in 1929, en haar orkestrale buiging op die skrander ouderdom van slegs elf jaar. Teen 1943 het haar uitvoerings in Spanje uitverkoop.
12173
Lys van outeurs volgens naam: A – B – C – D – E – F – G – H – I – J – K – L – M – N – O – P – Q – R – S – T – U – V – W – X – Y – Z Jürgen Habermas H. Rider Haggard Emily Hahn Thomas Hardy Joanne Harris Nathaniel Hawthorne Martin Heidegger Joseph Heller Ernest Hemingway Hermann Hesse Patricia Highsmith Christopher Hitchens Christopher Hope Abbie Hoffman De Wet Hugo Victor Hugo David Hume Siri Hustvedt Aldous Huxley
53783
Mashishing is 'n township aan die westekant van die Suid-Afrikaanse dorp Lydenburg. Tydens die apartheidera het Lydenburg se swart inwoners in Mashishing gewoon. Mashishing beteken "lang, groen gras". In Junie 2006 is aangekondig dat Pallo Jordan, die Minister van Kuns en Kultuur, Lydenburg se naam na Mashishing verander het. Die naam het egter nie posgevat nie en besighede (asook die "Lydenburg Museum") gebruik steeds die ou naam. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Lydenburg takes on new name". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2012. Besoek op 2 Januarie 2012. Hierdie Mpumalanga-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
96311
'n Sakdoek is 'n klein lapdoek, tipies 'n omsoomde vierkantige dun stof wat (opgevou) in die broeksak of beursie gedra kan word. Dit word gebruik vir persoonlike higiëne bv. om sweet van 'n mens se hande of gesig af te vee, of om 'n mens se neus in te blaas. 'n Sakdoek word soms ook as 'n suiwer dekoratiewe item in die bo-sak van 'n pak klere gedra. Die materiaal van 'n sakdoek kan simbolies wees van die sosiale-ekonomiese klas van die gebruiker, nie net omdat sommige materiaal duurder is nie, maar omdat sommige materiale meer absorberend en prakties is vir diegene wat 'n sakdoek gebruik vir meer as net styl. Sakdoeke kan gemaak word van katoen, katoen-sintetiese mengsel, sintetiese stof, sy of linne. Sakdoeke is ook deur veral kinders gebruik as 'n vinnige manier om klein items te dra wanneer 'n sak of mandjie nie beskikbaar was nie. Hulle kan ook dien as 'n plaasvervanger vir 'n verband oor 'n klein besering.
281551
Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan met die bynaam Tupi’s word deur die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Portugees: Confederação Brasiliera de Rugby) beheer. Brasilië is een van die stigterslede van CONSUR, nou bekend as Súdamerica Rugby, en het aan die inougurele Suid-Amerikaanse toernooi in 1951 deelgeneem. Brasilië het nog nie vir ’n Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie maar het in 2016 aan die seweskompetisie tydens die Olimpiese Spele deelgeneem. Brasilië is tans die derde beste span in Suid-Amerika (na Argentinië en Uruguay, en vyfde in die Amerikas. Rugby in Brasilië het ’n lang geskiedenis wat na die laat 19de eeu terugdateer toe Britse immigrante die spel na die stedelike hawens van Brasilië geneem het. Ten spyte van Brasilië se sukses met sokker, was die land nog altyd een van die swakker spanne in die Amerikas met veel minder om op te roem as die spanne van Argentinië, Uruguay en Chili. In die 21ste eeu is pogings aangewend om die sport in Brasilië te laat opleef. Brasilië is met die toevoeging van sewesrugby tot die Olimpiese kalender genooi om aan die Wêreldrugby Sewesreeks deel te neem met goeie vordering in die mans- en damesreekse.
4227
Andrew Johnson (29 Desember 1808 – 31 Julie 1875) was die sestiende Visepresident (1865) en die sewentiende President van die Verenigde State (1865–1869), en neem presidentskap op na die sluipmoord aanval op Abraham Lincoln. Tydens sy ampstermyn het Nebraska op 1 Maart 1867 die 37ste deelstaat van die Verenigde State geword. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
96652
Die Gereformeerde kerk Strydenburg is op 11 Junie 1897 gestig as die eerste gemeente van wat later die Gereformeerde Kerke onder die Kruis sou word en wat in 1914 ingelyf is by die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. In 2014 het die gemeente 13 belydende en drie dooplidmate gehad en ook die dorpe Hopetown, Marydale en Prieska ingesluit, naas Strydenburg, waar die kerkgebou geleë is. In daardie jaar is die gemeente ontbind, presies 100 jaar nadat dit opgeneem is in die Gereformeerde Kerkverband. Die benaming "Kerk onder die Kruis" is in die geskiedenis van die kerk in Nederland nie onbekend nie; trouens, dit kom voor onder verskeie omstandighede eers in die 16de eeu en later weer in die 19de eeu. Op die voetspore van die benaming in die 16de eeu is dit later weer gebruik, hoewel onder gewysigde omstandighede. In die geskiedenis van die Reformasie in Nederland het gedurende die 16de eeu as gevolg van die onderdrukkingsmaatreëls van Karel V en Philips II talle reformatoriesgesinde gelowiges hulle land verlaat en as vlugtelinge in die aangrensende lande tydelike gasvryheid geniet.
105952
Die vloek van Boontjieskraal, Die vloek oor die De Wets of kortweg die De Wet-vloek is 'n legende wat sedert 1972 in die volksmond herleef het en op die plaas Boontjieskraal in die Caledondistrik afspeel, wat al die manlike erfgename sou raak. Volgens oorlewering sou Pieter Daniel de Wet (Ou Vader) op 'n donker, koue en stormagtige nag iewers tussen 1885 en 1927 weier om aan 'n verbytrekker skuiling te bied. Soms is hierdie reisiger 'n vrou, 'n man, of 'n hele gesin. Partymaal is daar selfs 'n kind betrokke, ander kere nie. Hoe dit ook al sy, omdat die oornagplek geweier is, en die gesin noodgedwonge die Swartrivier moet oorsteek, is daar iemand wat verdrink (die kind, soms die moeder en kind). Die enkele oorlewende vervloek dan Ou Vader as die oorsaak van sy verlies: elke geslag sal net een seun oplewer; en daardie seun sal 'n gewelddadige, onnatuurlike dood sterf. Die volgende oënskynlike onnatuurlike afsterwe vind in elke opkomende geslag plaas: Pieter Daniel de Wet (Ou Vader) sterf deur van 'n brug af te ry met sy Model-T Ford.
113782
Die 2013 Formule Een Verenigde State Grand Prix het op 17 November 2013 op die Circuit of the Americas in Austin, Texas plaasgevind. Dit was die sewentiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen. Sebastian Vettel behaal vir Red Bull Racing hul agtste kroonposisie van die seieoen. Sy spanmaat Mark Webber spring langs hom weg in die eerste ry. Romain Grosjean kwalifiseer derde vir Lotus, voor die Sauber-jaer Nico Hülkenberg. In die eerste vrye oefening steek McLaren-jaer Jenson Button ander deelnemers verby terwyl die rooi vlag gewaai word. Dit is egter verbode, en Button ontvang hiervoor drie plekke se roosterstraf. Ook die Caterham-jaer Charles Pic kry vyf plekke roosterstraf vir sy ratkasruiling. Esteban Gutiérrez hou in die eerste kwalifisering die Williams van Pastor Maldonado op; hy ontvang tien plekke roosterstraf hiervoor. Vettel verslaat Webber in strijd om pole-position Button loopt gridstraf op voor inhalen onder rood Pic vijf plaatsen naar achteren op grid Austin Gutiérrez moet tien startplaatsen inleveren in Austin (nl) Vergne kry twintig sekondes straf vir botsing (fr) "États-Unis 2013 Championnat Pilotes". statsf1.com. 17 November 2013.
112564
Pieter van der Lugt is op 26 Junie 1961 in Pretoria gebore as oudste van drie seuns van ’n predikantspaar. Hy is bekend as skrywer van poësie, prosa, musiek en kabaret. Sy broers is Jozua en Cornis. Hy word in die Langkloof (Misgund) en daarna op Montagu in die Boland groot, waar hy in 1979 matrikuleer. Vanaf 1980 tot 1983 studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1982 die B.A.-graad en in 1983 die B.A. Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands. In 1984 verhuis hy na Johannesburg en studeer verder aan ’n M.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand, wat hy behaal met ’n verhandeling getiteld “Terugkerende patrone in die kortverhale van Jan Wolkers”. Vanaf 1986 is hy werksaam as verslaggewer in Die Burger se sportkantoor in Kaapstad, terwyl hy ook fliekresensies en musiekresensies skryf vir Huisgenoot, You, Beeld, Die Burger en Rapport. Van Julie 1990 tot Julie 2004 is hy eers joernalis en later vermaakredakteur vir Huisgenoot. Hy ontwikkel ’n belangstelling in programmatuur en skryf programme en ontwerp webtuistes in sy vrye tyd.
119776
Jeff Masemola (ook bekend as The Tiger of Azania en Bra Jeff) is op 12 Desember 1931 in Bon Accord naby Pretoria gebore, en het in Atteridgeville grootgeword. In 1958 sluit hy by die ANC-jeugliga aan, en in 1959 sluit hy by die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) aan as een van die stigterslede. Masemola was in 1963 die eerste persoon wat onder apartheid lewenslank tronk toe gestuur is na Robbeneiland, nadat hy en 14 ander PAC-aktiviste aangekla is, en skuldig bevind is aan sameswering om sabotasie te pleeg. Hy word beskou as die langsdienende politieke gevangene in die moderne geskiedenis, nadat hy 26 jaar op Robbeneiland en ander gevangenisse deurgebring het, en is op 10 Oktober 1989 vrygelaat Masemola is op 17 April 1990 in 'n motorongeluk oorlede, ses maande ná sy vrylating uit die tronk. Die vragmotor wat betrokke was in die ongeluk het van die ongelukstoneel verdwyn en is nooit opgespoor nie. Jeff Masemolastraat (voorheen bekend as Jacob Maréstraat) in Pretoria is in 2012 na hom genoem. "Robben Island Integrated Conservation Management Plan 2013–2018, pg 44" (PDF).
217368
Beau Wirick (gebore 30 April 1986) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Raising Dad (2001), NCIS (2003), en The Middle (2009). 2001: Raising Dad 2003: NCIS 2009: The Middle 2013: Act One 2013: The Walking Tedd Beau Wirick in die Internet-rolprentdatabasis Beau Wirick op Twitter
313410
Ludwig IV (12 September 1837 - 13 Maart 1892) was die Groothertog van Hesse. Hy het van 13 Junie 1877 tot met sy dood regeer. Deur sy eie en sy kinders se huwelike was hy verbind aan die koningshuise van Brittanje, Rusland en verskeie ander lande. Ludwig is in die Prinz-Karl-Palais in Darmstadt gebore as die oudste seun van prins Karl van Hesse en prinses Elisabeth van Pruise. Omdat sy pa se oudste broer Ludwig III, die heersende Groothertog van Hesse, sedert 1833 met sy eerste vrou getroud was, maar geen kinders by haar gehad het nie, en van 1868 af in ’n morganatiese huwelik betrokke was, was prins Ludwig van sy geboorte af die tweede aanspraakmaker op die troon, naas sy pa. Op 1 Julie 1862 is Ludwig getroud met prinses Alice van die Verenigde Koninkryk, ’n dogter van koningin Victoria. Hoewel die huwelik deur die prinsgemaal, prins Albert, gereël is, het die paartjie uit eie wil getrou, selfs nadat die dood van prins Albert ’n skadu oor die troue gegooi het.
123099
Pierre Greeff is 'n Suid-Afrikaanse musikant. Hy was deel van die Afrikaanse musiekgroep Lukraaketaar en is tans voorsanger van Die Heuwels Fantasties. "Pierre Greeff oor Die Heuwels Fantasties se Alles Wat Mal Is" (Onderhoud). LitNet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 2 Julie 2017. Pierre Greeff op Facebook Pierre Greeff op Twitter Pierre Greeff op Instagram Pierre Greeff op LitNet
2881
Die jaar 788 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 8ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Marokko word onafhanklik. Biskop Higbert van Lichfield ontvang die pallium van Pous Adrianus I. Die Franke verower die Piran-skiereiland. Karel die Grote staan Grimoald III -wat sy gyselaar is- toe om na Benevento terug te keer en sy pa as hertog op te volg. Die goewerneur Theodorus van Sisilië val die hertogdom Benevento aan, maar Grimoald verslaan hom met hulp van die Frankiese generaal Winigis en hertog Hildebrand van Spoleto. 30 September -- Abd ar-Rahman; die enigste Omajjadiese vors wat oorleef het en in Spanje 'n kalifaat gestig het. A Chronology of Early Medieval Western Europe: 450–1066 Timothy Venning Routledge, 2017, ISBN 1-351-58916-4, ISBN 978-1-351-58916-1 Who Is Allah? Islamic Civilization and Muslim Networks Bruce B. Lawrence UNC Press Books, 2015, ISBN 1-4696-2004-9, ISBN 978-1-4696-2004-6
42829
.ke is die Internettopvlakdomein vir Kenia. Lys van Internettopvlakdomeine IANA .ke whois informasie AfriDNS - Informasie over Afrikaanse topvlakdomeine
45988
.ye is die Internettopvlakdomein vir Jemen. Lys van Internettopvlakdomeine IANA .ye whois informasie .ye domein registrasie webblad Geargiveer 27 Maart 2010 op Wayback Machine
55198
Die Bobbejaansrivierbrug is aan die Tuinroete geleë op die N2 in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die brug is 166m hoog bo die Bobbejaansrivier se bedding. Die brug is tussen Plettenbergbaai en die Grootrivierbrug en is 'n boogbrug. Na die voltooiing van die brug en die Grootrivierbrug is die Grootrivierpas uitgesny wat die rit tussen Port Elizabeth en Plettenbergbaai aansienlik vinniger gemaak het. Die Bobbejaansrivier is 'n sytak van die Grootrivier. Groot Stormsrivierbrug Bloukransrivierbrug Van Stadensrivierbrug Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3
96412
Irma Joubert (28 Augustus 1947 - ) is 'n Afrikaanse geskiedkundige fiksieskrywer. Sy is die kleinkind van die kinderboekskrywer Tienie Holloway, en die politieke joernalis Jan-Jan Joubert is Irma se seun. Irma Joubert is op 28 Augustus 1947 in Pretoria gebore as een van ses kinders. Haar ma is Alida Moerdyk, dogter van Sylva Moerdyk, 'n suster van die politikus Oswald Pirow) en self 'n skrywer, en Gerard Moerdyk, argitek van onder meer die Voortrekkermonument en die Johannesburg stasiegebou. Haar ander ouma is Tienie Holloway, skrywer van kindergedigte. Irma word groot op Nylstroom, waar sy ook haar skoolopleiding ontvang en in 1965 aan die Hoërskool Nylstroom matrikuleer. Sy studeer vanaf 1966 verder aan die Universiteit van Pretoria en verwerf in 1968 ’n B.A.-graad en bekwaam haar as onderwyser. Hierna gee sy hoërskoolonderwys in Afrikaans en Geskiedenis. Sy studeer deeltyds verder en behaal in 1986 ’n B.A. Honneurs-graad in Geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika. Na haar huwelik met die ontwikkelaar Jan-Jan Joubert bly sy vanaf 1975 in Durban, waar sy in 2004 aftree. Hierna skryf sy voltyds.
192066
Amphimedon massalis is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Amphimedon en tot die familie Niphatidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1886 deur Carter. Van Soest, R. (2011). Amphimedon massalis. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=166680. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
217818
Jeannie Berlin (gebore 1 November 1949) is 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Heartbreak Kid (1972), Margaret (2011), Inherent Vice (2014), en Café Society (2016). 1972: The Heartbreak Kid 1972: Bone 1972: I figli chiedono perché 1973: Why 1975: Sheila Levine Is Dead and Living in New York 1990: In the Spirit 2011: Margaret 2014: Inherent Vice 2016: Café Society Jeannie Berlin in die Internet-rolprentdatabasis
218112
David Houle (3 Julie 1948) is 'n futuris, publieke spreker, en skrywer van The Shift Age. Hy het die frase The Shift Age geskep en hierdie nuwe era geïdentifiseer as die opvolger van die Inligtingstydvak in 2007. David Houle is gebore op 3 Julie 1948, in Chicago, Illinois. Hy het grootgeword in die Hyde Park woonbuurt in Chicago. Sy ouers was Bettie E. Houle (d. 2000) en Cyril O. Houle (d. 1998). Sy ma het 'n PhD van die Universiteit van Chicago in kinderontwikkeling verwerf, was aktief in die gemeenskap en talle liefdadigheidsorganisasies, en het 'n tweejaartermyn as president van die Veertien-klub van Chicago gedien. Sy pa, Cyril O. Houle, was professor aan die Universiteit van Chicago in die veld van van volwasse onderwys, wat 12 boeke geskryf het en 14 eregrade ontvang het. Houle het die Universiteit van Chicago se Laboratoriumskool vanaf kleuterskool tot hoërskool bygewoon. Nadat hy in 1965 aan die hoërskool gegradueer het, behaal hy 'n B.A. in kunsgeskiedenis van die Universiteit van Syracuse in 1969.
250218
Iris (kleinplaneetnaam: 7 Iris) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel. Dit is die vierde helderste voorwerp in die gordel en word geklassifiseer as ’n S-tipe asteroïde, wat beteken dit het ’n klipagtige samestelling. Dit het ’n groot helder streek in sy noordelike halfrond. Dit is oor die algemeen baie helder en sy oppervlaksamestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met magnesium-en-ystersilikate. Iris het met opposisie ’n gemiddelde skynbare magnitude van +7,8, vergelykbaar met dié van Neptunus, en kan met die meeste opposisies met ’n verkyker gesien word. Dit is dan meestal helderder as die groter maar donkerder 2 Pallas. Soms kan dit naby perihelium ’n magnitude van +6,7 bereik, wat helderder as 1 Ceres is. Jim Baer (2011). "Recent Asteroid Mass Determinations". Personal Website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2019. Besoek op 14 September 2011. Kaasalainen, M.; et al. (2002). "Models of twenty asteroids from photometric data" (PDF). Icarus. 159 (2): 369.
20800
Die Progressiewe Federale Party was die Amptelike Opposisie in die Suid-Afrikaanse Parlement van 1977 tot 1987. Die P.F.P. se geskiedenis kan tot in Augustus 1959 terugvoer word toe 'n hele paar van sy latere leiersfigure van die Verenigde Party weggebreek het oor in die besonder die party se weiering om 'n resolusie te steun waarin gevra is om nog grond vir swart vestiging aan te koop, maar in die algemeen oor die party se gebrek aan 'n duidelike alternatief vir die destyds steeds magtiger wordende Nasionale Party se apartheidsbeleid. Hulle het die Progressiewe Party gestig, wat die voorganger van die Progressiewe Reformiste Party en uiteindelik die Progressiewe Federale Party was. Van die sogenaamde "Jong Turke" wat die V.P. verlaat en later prominent in die P.F.P. sou word, was Helen Suzman, Colin Eglin, Harry Schwarz, Ray Swart en Zach de Beer. In die 1961-verkiesing het net Helen Suzman haar setel (Houghton) in die Volksraad behou. Sy het 13 jaar lank vrou-alleen haar beginselvaste stem laat hoor teen 'n stortvloed diskriminerende wetgewing en haar teen aanhouding sonder verhoor, paswette, instromingsbeheer, werkafbakening op grond van kleur, die verdeling van geriewe op grond van ras, Groepsgebiede, en gedwonge verskuiwings uitgespreek.
27892
Barcones is 'n munisipaliteit in die provinsie Soria in die Spaanse outonome gebied Kastilië en León. Hierdie Spanje-verwante artikel is 'n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.
55660
.no is die Internettopvlakdomein vir Noorweë. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .no
57142
Die Slag van Laingsnek het op 28 Januarie 1881 net suid van die dorp Charlestown plaasgevind tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Britse magte onder bevel van generaal sir George Pomeroy Colley het probeer om 'n pad oop te veg deur die Boere magte onder bevel van Kommandant-generaal Piet Joubert. Die Britse magte is verslaan met 'n lewensverlies van 84 manskappe. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
95932
Die Nissan Stanza/Violet maak sy verskyning in Japan in 1973, en was eksklusief aan die Japannese Nissan-handelaars genoem "Nissan Cherry Store" as 'n groter metgesel van die Nissan Cherry. Die tweede geslag Violet is verdeel in twee bykomende lyne in 1977, bekend as die Nissan Auster en die Nissan Stanza. Al drie toon die A10-reeks identifiseerder, en is in Japan gebou by Hiratsuka en Oppama. Die Stanza was eksklusief aan die Japannese Nissan-handelaars genaamd "Nissan Satio Store" as 'n groter metgesel van die kleiner Nissan Sunny en die Auster-drieling was eksklusief aan die "Nissan Prince Store" as 'n groter metgesel van die Nissan Langley. 'n Nuwe derde geslag voorwielaangedrewe model is in 1981 van stapel gestuur, die reeks se naam is weer verander na T11, en het dieselfde platform as die kompakte MPV Nissan Prairie/Multi/Stanza Wa. Ten slotte is die laaste eenhede verkoop as hernoemde weergawes van die Nissan Bluebirdreeks, vir 'n paar internasionale markte. In die meeste uitvoermarkte was die motor oorspronklik verkoop as die Datsun 140J of 160J afhangende van die enjingrootte.
122368
Ds. Petrus Arnoldus Conradus van Heyningen (of Pieter Adriaan Coenraad, Meppel, Drenthe, Nederland, 29 September 1833 – Zastron, Oranje-Vrystaat, 30 Augustus 1904) was ’n omstrede predikant in die NG en later Hervormde Kerk. Van Heyningen was die seun van ’n predikant in die Hervormde Kerk in Nederland. Nadat hy sy teologiese studie met lof aan die Universiteit van Utrecht voltooi het, is hy in 1856 deur die provinsiale kerkbestuur van Gelderland gelegitimeer. Terwyl hy as hulpprediker te Hemmen in Gelderland gewerk het, het hy deur bemiddeling van die geestelike kommissie te Amsterdam ’n beroep na Lydenburg in Transvaal ontvang. Op 28 Februarie 1858 is hy in Den Haag georden deur sy broer, wat nes hul vader ook predikant was. Op 22 April 1858 het hy en sy eggenote, Boudina Ketel (oorl. 1891) op die seilfregat Estafette van Texel vertrek. Ds. Dirk Postma, wat 10 maande later die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg sou stig. In Julie het hulle ’n paar weke in Kaapstad vertoef en op 28 Augustus 1858 in Port Natal aangekom.
138390
Tiki-styl of tiki-kultuur was 'n belangrike stroming in die Amerikaanse populêre kultuur wat sy hoogtyd in die 1940's, 1950's en 1960's gevier het. Tiki-styl het gestileerde elemente uit die kuns en kultuur van Polinesiese eilande op 'n fantasievolle manier op mode, musiek, gastronomie en argitektuur toegepas. Gewilde stylelemente het bamboes, rietdakke, houtmaskers en ander houtsnykuns, lawastene en hula-dansers ingesluit. Tiki-styl behels die romantiese visie van 'n Suidsee-eilandparadys en sy kulturele inbesitneming deur die Amerikaanse vryetyds-, restaurant- en onthaalbedryf. Die styl word verbind met persoonlikhede soos Ernest Raymond Beaumont Gantt (1907–1989), beter bekend as Don the Beachcomber, 'n boorling van Texas wat tydens sy reise na die Karibiese See en Suidelike Stille Oseaangebied die inspirasie vir 'n ontspanne eksoties-Polinesiese styl gevind het wat in 1934 as konsep vir die opening van sy eerste tiki-kroeg in Los Angeles se befaamde laan Hollywood Boulevard sou dien. Die ongewone dekorasie het die eskapistiese ingesteldheid van bekende en minder bekende persoonlikhede bevredig wat hier eksotiese kookkuns (Chinese Kantonese geregte wat volgens die Amerikaanse smaak effens aangepas is en destyds nog min bekend was) en dranke soos rum geniet het.
84580
Liggaam kan na een van die volgende verwys: Die fisiese struktuur, met inbegrip van die bene, vleis en organe van 'n mens of dier. Bv. die menslike liggaam of die haarlose liggaam van 'n seekoei. 'n Voorwerp of begrensde deel van die ruimte, insluitende vaste, vloeibare en gasvormige liggame. Bv. 'n hemelliggaam. 'n Maatskaplike instelling, soos 'n vereniging, organisasie of genootskap. Bv. 'n wetgewende liggaam of liggaam gestig om liefdadigheid te verrig. Die middelgedeelte, romp of vernaamste stuk van iets. Soos die liggaam van 'n gebou of 'n brief. Liggaamskontak en persoonlike ruimte in die Verenigde State Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir liggaam.
107350
Morgan Freeman (gebore op 1 Junie 1937) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het in 2005 ’n Oscar vir beste manlike byspeler gewen vir Million Dollar Baby en is vir Oscars benoem vir sy spel in Street Smart (1987), Driving Miss Daisy (1989), The Shawshank Redemption (1994) en Invictus (2009). Hy het ook ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen. Hy is bekend vir sy kenmerkende diep stem. Sy eerste rolprent was in Who Says I Canot Ride a Rainbow? (1971), maar hy het die eerste keer in Amerika bekend geword danksy rolle in sepies soos Another World en die kinderprogram The Electric Company Freeman self beskou sy rol as Fast Black in die prent Street Smart (1987) as sy deurbraakrol. Van die middel 1980's af was hy in groter byspelerrolle, as veral wyse, vaderlike karakters. Hy het daarna in meer bekende prente gespeel soos die chauffeur Hoke in Driving Miss Daisy en sers. Major Rawlins in Glory (albei 1989). In 1994 was hy Red in die hoog aangeskrewe The Shawshank Redemption.
37286
Søren Kierkegaard (1813–1855) was 'n Deense filosoof, teoloog en psigoloog. Sy invloed word deur talle 20ste eeuse eksistensiële, teologie, poststrukturele, en postmoderne filosowe erken. Kierkegaard was baie krities oor die Hegelianisme en wat hy gesien het as die leë formaliteite van die Deense Nasionale Kerk. Baie van sy filosofiese werk fokus op hoe 'n persoon lewe, veral op die prioriteit van konkreet menslike realiteit bo abstrakte denke, en benadruk die belang van persoonlike keuse en toewyding. Sy teologiese werke fokus op Christelike etiek en (kritiek op) die Kerklike instelling. Sy psigologiese werke verken die emosies van mense wat lewenskeuses in die gesig staar. Sy filosofiese metode is deur Sokrates en Sokratiese dialoë geïnspireer, en as deel daarvan is sommige van Kierkegaard se vroeë werke onder verskeie penname geskryf; as karakters wat hulle eie, onderskeidelike sienings bied en met mekaar komplekse gesprekke wissel. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
6828
Sosiale sielkunde is die studie van die mens in werklike, geïmpliseerde of verbeelde interaksie met ander mense. Onder hierdie rigting word terreine soos groepsdinamika, houdings, sosiale kognisie en emosies in groepsverband bestudeer. Persone wat belangrike bydraes gelewer het tot die sosiale sielkunde is Fritz Heider, Robert Zajonc en Erving Goffman. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
2820
Die jaar 727 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 27ste jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Ikonoklasme in Bisantium. Keiser Leo III laat alle beelde en afbeeldings van heiliges vernietig. 30 Mei – Biskop Hubertus van Luik.
33966
FC Groenwit Wolfen is 'n sokkerklub uit Bitterfeld-Wolfen in die deelstaat Sakse-Anhalt in Duitsland. Die klub is in 1919 as Wolfener Ballspielclub gestig. Teen ongeveer 1945 is die klub herdoop na VfL Wolfen en later na IG Farben Sportverein. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind en eers op 15 Desember 1948 herstig as Betriebssportgemeinschaft Chemie Agfa Wolfen (die filmmaatskappy Afga het 'n groot fabriek in Wolfen gehad). In 1957 het die klub weer sy naam verander deur die “Afga” uit te laat (die maatskappy se fabrieke in Oos-Duitsland is deur die kommunistiese regering genasionaliseer en na ORWO herdoop), nadat daar met BSG Aktivist Sandersdorf saamgesmelt is. Die klub was relatief suksesvol in die DDR – daar is 24 seisoene in die DDR-liga deurgebring (die Oos-Duitse tweede liga) en in 1956 is die kwarteindstryd van die FDGB-beker gehaal deur SC Lok Leipzig in die ronde van 16 te verslaan. Die klub is in die kwarteindstryd deur ASK Voorwaarts Berlyn uitgeskakel. In 1990 is die klub herdoop as SG Chemie Wolfen en op 21 Januarie 1994 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as FC Groenwit Wolfen.
47058
Uniondale is 'n dorp in die Klein-Karoo, Wes-Kaap met sowat 4 500 inwoners en is veral bekend vir die spookvrou wat glo op die pad tussen hier en die aansluiting van die pad na die Langkloof duimgooi en dan skielik verdwyn. Die N9 nasionale pad gaan langs die dorp verby. Die dorp het in 1856 ontstaan toe die eienaars van elk van die twee dele van die plaas Rietvallei, menere James Stewart en ene Du Preez, elkeen 'n dorpie aangelê het, naamlik Hopedale en Lyon. Die dorpies het aan mekaar gegrens maar daar was onenigheid tussen die twee eienaars tot hulle op 24 September 1865 'n brief aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Ring van George geskryf het waarin hulle te kenne gegee het dat hulle graag die dorpies wou verenig as Uniondale. Daarom vra hulle die ring om 'n gemeente alhier van die NG gemeente George af te stig. Die ring voldoen op 19 Oktober 1865 aan die versoek en op 20 Januarie 1866 word die NG gemeente Uniondale amptelik gestig met ds. A.G.M. Kuys van George as konsulent.
75768
Die Spaanse olietenkskip Castillo de Bellver het op 5 Augustus 1983 met 'n vrag van 252 000 ton ruolie aan boord voor die weskus van Suid-Afrika aan die brand geslaan. Dit het een van die wêreld se grootste oliebesoedelingsrampe tot gevolg gehad. Op 6 Augustus dryf die skip weg, breek in twee en die agterste gedeelte slaan om op ongeveer 40 km van Saldanhabaai. Die sleepboot John Ross sleep die boeggedeelte verder weg en blaas dit op. 'n Reusagtige olielaag op die see dryf aanvanklik in die rigting van die land. 'n Buiten-normale suidoosterwind waai die oliekol weg van die kus in die noordwes-vloeiende Benguela-stroom. Hierdie fratswind voorkom 'n reuse ekologiese en besoedelingsramp. Ten spyte van die groot hoeveelheid olie wat gestort is, bly die omgewingsinvloed beperk. 'n Beperkte hoeveelheid oplosmiddel is op die kol gespuit. In die etmaal na die voorval het “swart reën” (bestaande uit fyn oliedruppels) oor die graanlande en weiding aan die Weskus uitgesak. Ongeveer 1 500 seevoëls is besmet deur die olie. Turner, Malcolm: Shipwrecks and salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988.
138452
Die konsep Kaliforniese ideologie verwys na die geloof in die bevrydingsmoontlikhede wat deur die inligtingsamelewing gebied word - veral deur die nuwe tegnologie soos dit in die 1990s in Kalifornië geskep is. Dit spruit voort uit "The Californian Ideology", 'n 1995 essay deur die Engelse mediateoretikus Richard Barbrook en Andy Cameron van die Universiteit van Westminster geskryf is. Barbrook beskryf dit as 'n "kritiek op dotcom neoliberalisme". In die essay argumenteer Barbrook en Cameron dat die opkoms van netwerktegnologie in Silicon Valley in die 1990's gekoppel was aan die Amerikaanse neoliberalisme en 'n paradoksale hibridisering van oortuigings van beide linkse en regse politieke sienings in die vorm van hoopvolle tegnologiese determinisme. Die oorspronklike essay is in 1995 in Mute tydskrif gepubliseer en het later verskyn op die nettime-interneposlys vir debat. 'n Finale weergawe is in 1996 in Science as Culture gepubliseer. Die essay is sedertdien hersien in verskeie verskillende weergawes en tale. Andrew Leonard van Salon het Barbrook en Cameron se werk genoem as "een van die mees indringende kritieke van die neo-konserwatiewe digitale hipsterisme wat nog gepubliseer is."
223712
Melina Kanakaredes (gebore 23 April 1967) is 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente 15 Minutes (2001) en Snitch (2013), en in die televisiereekse Providence (1999) en CSI: NY (2004). 1994: Bleeding Hearts 2001: 15 Minutes 2013: Snitch 2018: Wake The Wheel of Life 1995: New York News 1997: Leaving L.A. 1999: Providence 2004: CSI: NY 1998: Saint Maybe 2005: Into the Fire 2007: 2007 Muppet Presentation Pilot Melina Kanakaredes in die Internet-rolprentdatabasis
42878
.mr is die Internettopvlakdomein vir Mauritanië. Lys van Internettopvlakdomeine IANA .mr whois informasie AfriDNS - Informasie over Afrikaanse topvlakdomeine
9192
Die elemente van die periodieke tabel kan in 'n aantal groepe verdeel word op grond van die chemiese eienskappe wat hulle in gemeen het. 'n Groep is dus niks meer as 'n versamelnaam vir 'n aantal elemente nie. Die meeste van hierdie groepe stem ooreen met die kolomme in die tabel. In die moderne tabel word gewoonlik 18 van hierdie kolomgroepe onderskei. Van die groepe het hul eie name soos die halogene van groep 17. Maar daar bestaan ook ander groepe. Die platinumgroep beslaan byvoorbeeld 3 kolomme en die (horisontale) lantaniede en aktiniede word dikwels as deel van die skandiumgroep gereken. Die grootste groep, die oorgangsmetale, kan verder in subgroepe onderverdeel word. Dikwels word 'n groep vernoem na die eerste element daarin, soos die boorgroep. Ander groepe het dikwels om geskiedkundige redes 'n ander naam, soos die edelgasse. 'n Element in 'n kolom word 'n homoloog van die ander elemente in dieselfde kolom genoem en hierdie term word ook vir hulle verbindings gebruik. Byvoorbeeld swawelsuur H2SO4 en seleensuur H2SeO4 is homoloë. Die eieskappe van [homoloë verbindings is dikwels baie vergelykbaar. Swawelsuur en seleensuur is altwee sterke sure.
1603
Edmonton is die hoofstad van die provinsie Alberta, Kanada, met 730 000 inwoners in die stad en sowat 1 miljoen in die metropolitaanse gebied (2006). Dit is die tweede grootste stad in Alberta en die sesde grootste in Kanada. Edmonton is die mees noordelik geleë van Kanada se groot stede. Dit is ook een van die grootste stede in Noord-Amerika ten opsigte van sy oppervlakte (670 vierkante kilometer), maar tegelykertyd ook een van die mees yl bevolkte. Die stad lê by die North Saskatchewanrivier en is een van die Kanadese metropolitaanse gebiede wat in die laaste dekades die vinnigste gegroei het. Landbou en olievelde in die omgewing vorm die basis van die stad se ekonomie; die olie- en chemiese nywerheid behoort tot die belangrikste werkverskaffers. Edmonton beskik oor 'n universiteit en 'n internasionale lughawe. Die stadspark in die vallei van die North Saskatchewanrivier en die winkelsentrum West Edmonton Mall is die grootstes in Noord-Amerika. Dikwels word na Edmonton as 'n tipiese Kanadese of Noord-Amerikaanse boom town verwys - dit wil sê 'n stad wat tydens sy ekonomiese bloeitydperk baie vinnige groei beleef het.
7069
Gelderland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 2 097 000 in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 5 136 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 393 per km². Die hoofstad is Arnhem en die grootste stad is Nijmegen. Gelderland bestaan uit 51 munisipaliteite: "Bodemgebruik; uitgebreide gebruiksvorm, per gemeente" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016. "Bevolkingsontwikkeling; regio per maand" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gelderland. (nl) Amptelike webwerf van die provinsie Gelderland Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
120217
Titus Lucretius Carus (ook net as Lucretius bekend; c. 15 Oktober 99 – c. 55 v.C.) was ’n Romeinse digter en filsoof. Sy enigste bekende werk is die didaktiese filosofiese gedig De rerum natura oor die beginsels en filosofie van Epikurisme; dit kan vertaal word as "Oor die Aard van Dinge". Lucretius het al die eer gekry vir die uitdink van die drietydperkstelsel wat van 1834 af deur C.J. Thomsen geformuleer is. Baie min is oor Lucretius se lewe bekend; die enigste feit wat vir seker is, is dat hy óf ’n vriend óf kliënt was van Gaius Memmius, aan wie die gedig gerig en opgedra is. De rerum natura het ’n aansienlike invloed op die Augustyne digters gehad, veral Virgilius (in sy Aeneid en Georgics) en Horatius. Die werk het in die Middeleeue verdwyn, maar is in 1417 in ’n klooster in Duitsland herontdek. Melville, Ronald; Fowler, Don and Peta, reds. (2008) [1999]. Lucretius: On the Nature of the Universe. Oxford World's Classics. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-162327-1.
33617
'n Federale republiek of Bondsrepubliek is 'n staatsvorm van 'n land wat sowel 'n republiek as 'n federasie is. Gevolglik is 'n Federale republiek 'n vereniging van deelstate onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake e.d. behartig, waarby die deelstate hul interne soewereiniteit behou. Die deelstate kan nie sommerso uit 'n federale republiek uittree nie. Dit onderskei die bondsrepubliek van 'n statebond (konfederasie). Republiek van Argentinië Federale Republiek van Brasilië Unie van die Comore-eilande Bondsrepubliek Duitsland Federale Demokratiese Republiek Ethiopië Republiek van Indië Verenigde Mexikaanse State Gefedereerde State van Mikronesië Federale Republiek van Nigerië Republiek van Oostenryk Russiese Federasie Republiek van Soedan Republiek van Suid-Soedan Switserse Konfederasie Bolivariaanse Republiek van Venezuela Verenigde State van Amerika Oorvertaal vanaf die Duitse, Nederlandse en Engelse Wikipedias.
21027
'n Hoërskool is 'n opvoedkundige instansie wat die laaste gedeelte van 'n persoon se verpligte onderwys in Suid-Afrika uitmaak. Daar word ook na die onderrig in hoërskole as sekondêre onderrig verwys. Hoërskole bied graad 8 (vroeër Standerd 6) tot 12 (matriek, Standerd 10) aan. Na suksesvolle voltooiing van graad 7 (Standerd 5) by 'n laerskool word kinders by 'n hoërskool ingeskryf. Die laaste 3 jaar van 'n kind se skoolloopbaan, graad 10, 11 en graad 12 is nie verpligtend nie. Kinders wat nie matriek voltooi nie sal egter moeilik, indien enigsins, 'n werk kan bekom. Na hoërskool kan leerlinge wat daarvoor kwalifiseer verder by 'n universiteit gaan studeer. Kleuterskool, voorskoolse onderrig Laerskool, primêre onderrig Universiteit, tersiêre onderrig Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir hoërskool. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
247119
Niccolò (of Nicolò) Paganini (Italiaans: [ni(k)koˈlɔ ppaɡaˈniːni]; 27 Oktober 1782 – 27 Mei 1840) was 'n Italiaanse violis, kitaarspeler en komponis. Hy was die beroemdste violis van sy tyd, en was een van die baanbrekers van moderne viooltegniek. Hy het sy eerste kitaar- en vioollesse van sy vader ontvang. Daarna het hy by ʼn plaaslike violis, Servetto, gestudeer en later by die gevierde violis Giacomo Costa. Toe hy nege jaar oud was, het Paganini sy eerste openbare uitvoering as violis in sy geboortestad gelewer en by daardie geleentheid ook sy eie variasies op 'n tema gespeel. Van 1795 af het hy by die violis Alessandro Rolla in Parma gestudeer en terselfdertyd onderrig in komposisie ontvang van Gasparo Ghiretti. In 1797 het hy saam met sy vader deur Lombardye getoer en namate hy daarna meer bekendheid verwerf het, het hy ook meer konsertreise onderneem. Terselfdertyd het twee leemtes in sy persoonlikheid na vore gekom: hy het uitermate baie gedobbel en kort-kort romantiese liefdesverhoudings aangeknoop. In een stadium moes hy sy viool verpand sodat hy sy dobbelskuld kon probeer delg.
12009
Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Wes-Kaapse Boland. Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar word in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881. Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was. Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite.
9332
Ecuador (Spaans: [ekwaˈðoɾ], luister (hulp·inligting); Quechua: Ikwayur; Shuar: Ecuador of Ekuatur), amptelik die Republiek Ecuador (Spaans: República del Ecuador, letterlik: "Republiek van die ewenaar"; Quechua: Ikwadur Ripuwlika; Shuar: Ekuatur Nunka), is 'n land in die middel van Suid-Amerika wat in die noorde grens aan Colombia, in die ooste en die suide aan Peru, en in die weste aan die Stille Oseaan. Die naam van dié land is Spaans vir die ewenaar, wat deur dié land loop. Ecuador is die mees westelike land wat langs die ewenaar geleë is. Dié land word deur die Andesgebergte in twee dele verdeel: die westelike kusland aan die Stille Oseaan en die oostelike Amasonebeken. Ecuador se hoofstad Quito is in die sentrale Andes geleë, terwyl dié land se grootste stad, Guayaquil, aan die Stille Oseaan geleë is. Ecuador sluit die Galápagos-eilande (Spaans: Islas Galápagos of Archipiélago de Colón) in die Stille Oseaan, ongeveer 965 km wes van die vasteland, in.
26832
Fidji (Engels: Fiji, [ˈfiːdʒiː], luister (hulp·inligting); Fidjiaans: Viti, [ˈβitʃi]; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी, Fijī), amptelik die Republiek Fidji (Engels: Republic of Fiji; Fidjiaans: Matanitu Tugalala o Viti; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी गणराज्य, Ripablik ăph Phījī), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 18 274 km². In 2018 het dit 'n bevolking van 926 276 gehad. Fidji bestaan hoofsaaklik uit die twee eilande Viti Levu en Vanua Levu, asook omliggende eilandjies, met die Korosee binne-in. Fidji is in die ooste van Vanuatu en Nieu-Kaledonië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die suide van Tuvalu en Wallis en Futuna, in die weste van Tonga en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Suva. Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman het in 1643 die eerste Europeër geword wat Fidji bereik het. Fidji het in 1874 'n Britse kolonie geword en die Britte het kontrakwerkers vir die suikerplantasies uit Brits-Indië ná Fidji gebring.
196135
Ptilocaulis is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Ptilocaulis arbora (Sim, Kim & Byeon, 1990) Ptilocaulis aulopora (Schmidt, 1870) Ptilocaulis bistyla (Hechtel, 1983) Ptilocaulis braziliensis (Hechtel, 1983) Ptilocaulis digitatus (Topsent, 1928) Ptilocaulis echidnaeus (Lamarck, 1814) Ptilocaulis fosteri (Hechtel, 1983) Ptilocaulis marquezii (Duchassaing & Michelotti, 1864) Ptilocaulis spiculifer (Lamarck, 1814) Ptilocaulis trachys (De Laubenfels, 1954) Ptilocaulis walpersii (Duchassaing & Michelotti, 1864)
61134
Hyderabad (Sindhi: حيدرآباد / Haidarābād, Oerdoe: حیدرآباد / Haidarābād) is 'n groot stad aan die oewer van die Indusrivier en die hoofstad van die Pakistanse provinsie van Sindh. Die stad lê in die suide van die land en is in 1768 deur Mian Ghulam Shah Kalhoro gestig. Hyderabad het 'n bevolking van 1 578 367 en is die sewende grootse stad in Pakistan. Hyderabad was een van die gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1987. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
264934
'n Huis is 'n gebou waarin mense kan woon. Hulle kan wissel van eenvoudige wonings soos rudimentêre hutte van nomadiese stamme en die geïmproviseerde plakkershutte in plakkerskampe; tot komplekse, vaste strukture van hout, steen, beton of ander materiale wat loodgietery, ventilasie en elektriese stelsels bevat. Gebou Schoenauer, Norbert (2000). 6,000 Years of Housing (rev. ed.) (New York: W.W. Norton & Company). "housing papers" (PDF). clerk.house.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Januarie 2013. Besoek op Desember 18, 2012. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huise. Behuising deur die eeue, animasie deur The Atlantic Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
43642
Brandenburg an der Havel is die derde grootste stad in die Duitse deelstaat Brandenburg naas die hoofstad Potsdam en Cottbus. Die stad het 'n bevolking van 71 032 in 2013 gehad en 'n oppervlakte van 228,8 km². Volgens sy oppervlakte is Brandenburg die grootste selfregerende stad in die deelstaat. Die geskiedenis van Brandenburg an der Havel strek meer as 'n duisend jaar terug. Die eerste historiese verwysings na die stad dateer van 928 en 929. In 'n oorkonde van 1170 word dit vir die eerste keer as 'n nedersetting met Duitse regstatus genoem. Die bou van Brandenburg se domkerk, waarmee in 1165 begin is, word as die beginpunt van die Duitse geskiedenis van Brandenburg beskou. So word na die stad en domkerk dikwels ook as die "bakermat van die Mark Brandenburg" en die huidige deelstaat verwys. In 2015 is die 850-jarige jubileum van Brandenburg se domkerk met feesvierings gevier. Domstift Brandenburg - Jubiläum 2015: 850 Jahre Dom zu Brandenburg. Besoek op 26 April 2015 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
42274
Dominica (Engels: [ˌdɒmɪˈniːkə], luister (hulp·inligting); Frans: Dominique), amptelik die Gemenebes Dominica (Engels: Commonwealth of Dominica; Frans: Commonwealth de la Dominique), is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 750 km² en 'n bevolking van 73 543 in 2016. Dit behoort aan die Klein-Antille. Dominica is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit grens in die noorde aan Guadeloupe en in die suide aan Martinique. Die hoofstad en grootste stad is Roseau. Dominica is op 3 November 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die Latynse woord vir Sondag (dies Dominica – "dag van die Here"), die weeksdag van die ontdekking, genoem. Die Spanjaarde het probeer om op dié eiland te vestig, maar hulle is deur die inheemse bevolking uitgestoot. In 1632 het die Franse Compagnie des Îles de l'Amérique Dominica en ander Petites Antilles vir Frankryk opgeëis, maar eers in 1690 is eerste permanente nedersettings gestig.
9971
Genua (Italiaans: Genova) is 'n belangrike hawestad in Noord-Italië, hoofstad van die historiese landskap en administratiewe streek Ligurië en van die huidige provinsie Genua, met sowat 611 000 inwoners. Die agglomerasie van Genua het sowat 878 000 inwoners (2001). Genua is die sesde grootste stedelike nedersetting in Italië en die derde grootste in Noord-Italië. Rofweg die helfte van die Liguriese bevolking is hier saamgetrek. Die stad is die setel van 'n aartsbiskop en 'n universiteit, wat reeds in 1471 gestig is, met sowat 40 000 studente. Gedurende die Middeleeue was Genua naas Venesië, Pisa en Amalfi een van die vier groot Italiaanse seerepublieke, die Repubbliche Marinare, asook een van die magtigste Europese handelsmoondhede. Gedurende die 11de en 12de eeu was Genua 'n strawwe mededinger van Venesië en Pisa en kon in die 13de eeu 'n tyd lank 'n oorheersende rol in die Middellandse See speel. Genua het sy politieke en kulturele bloeitydperk in die 16de en 17de eeu beleef toe dit onder die welvarendste stede in Europa gereken is, veral tydens die bewind van die doge en vlootadmiraal Andrea Doria (1466−1560) wat Genua se bedeling hervorm en 'n soort adelsrepubliek gevestig het.
32960
Innsbruck is die hoofstad van die deelstaat Tirol in die weste van Oostenryk. Dit lê in die Innriviervallei waar die Wipptal-(Sill)rivier in die Innrivier vloei, en verskaf toegang tot die Brennerpas, ongeveer 20 km suid van Innsbruck. Die stad word omring deur hoë berge, nl. die Nordkette (2 334 m) in die noorde, Patscherkofel (2 246 m) en Serles (2 716 m) in die suide. Innsbruck is 'n internasionaal bekende wintersportsentrum en het twee keer – in 1964 en 1976 – as gasheerstad van die Olimpiese Winterspele opgetree. Dit het ook die eerste Jeugwinterspele in 2012 aangebied. Die woord bruck kom van die Duitse woord Brücke wat brug beteken. Innsbruck beteken dus "Brug oor die Inn". Daar is aanduidings van menslike lewe uit die vroeë Steentydperk. Die feit dat die pre-Romeinse plekname oorleef het is 'n teken dat die streek reeds oor 'n lang tydperk deur mense bewoon word. In die vierde eeu het die Romeine die fort Veldidena (die naam oorleef vandag in die voorstad Wilten) by Oenipons (Innsbruck) opgerig, om die openbare pad tussen Verona, Brenner en Augsburg te beskerm omdat dit ekonomies belangrik was.
13982
La Rochelle is 'n stad in die suidweste van Frankryk en die hoofstad (prefektuur) van die département Charente-Maritime met 'n bevolking van 75 736 (soos op 1 Januarie 2016). Die stad is aan die Golf van Biskaje geleë. La Rochelle was eeue lank die grootste Franse seehawe aan die Atlantiese Oseaan - 'n status waaruit 'n groot verskeidenheid internasionale bande voortgespruit het. So het die stad 'n belangrike rol by die stigting van Franse kolonies in Noord-Amerika gespeel. Vandag het La Rochelle steeds 'n kosmopolitiese karakter - en beskik oor een van die grootste jaghawens ter wêreld, die Port de Plaisance de Minimes. Sy leuse - «La Rochelle, belle et rebelle» - weerspieël die selfbewuste optrede van sy bevolking gedurende die stad se Protestantse geskiedenis wat 'n tragiese einde gehad het. Danksy sy kenmerkende wit sandsteengeboue staan La Rochelle in Frankryk bekend as la ville blanche - "die wit stad". Die stad word deur 'n brug met 'n lengte van 2,9 kilometer met die eiland Île de Ré verbind. Sy hawe lê aan die einde van 'n beskermde seestraat, die Pertuis d'Antioche.
135174
Theodor Ludwig Wiesengrund Adorno (Frankfurt am Main, 11 September 1903 – Visp, Switserland, 6 Augustus 1969) was 'n Duitse sosioloog, filosoof, musikoloog, komponis en literêre kritikus van Joodse afkoms. Hy was ook 'n prominente lid van die sogenaamde Frankfurt Skool. Theodor W. Adorno is vroeg reeds as sosioloog opgelei. Daarbenewens was hy hoofsaaklik 'n filosofiese denker. Die etiket "sosiale filosoof" beklemtoon die sosiaal-kritiese aspek van sy filosofiese denke, wat vanaf 1945 'n intellektueel prominente posisie in die kritiese teorie van die Frankfurt Skool ingesluit het. Saam met Max Horkheimer, Walter Benjamin en Herbert Marcuse, was hy 'n stigter van hierdie filosofiese skool, wat vanaf die 1930's en later in die sestigerjare 'n sterk invloed op studentebewegings in Wes-Europa uitgeoefen het. Die idees van die Frankfurt Skool het ook geleidelik 'n invloed op die sosiale wetenskappe begin uitoefen. Sy beroemdste werk Dialektik der Aufklärung (Die Dialektiek van die Verligting) het hy saam met Max Horkheimer geskryf. Daarin het hulle beskryf hoe die Verligting, wat vir rasionaliteit en vooruitgang bestaan het, in die teenoorgestelde rigting beweeg het en hoe die dwang van die natuur gereproduseer word in die oorheersingsdrang.
59141
Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel (Bahamas en die Turks- en Caicoseilande), die Klein-Antille (Engels: Lesser Antilles; Frans: Petites Antilles; Nederlands: Kleine Antillen; Papiaments: Antias Menor; Spaans: Antillas Menores) en die Groot-Antille. Die Klein-Antille sluit die Amerikaanse Maagde-eilande, die Britse Maagde-eilande, Anguilla, Sint Maartin met Saint-Martin in die noorde en Sint Maarten in die suide, Saba, Sint Eustatius, Sint Bartolomeus, St. Kitts en Nevis, Antigua en Barbuda, Montserrat, Guadeloupe, Dominica, Martinique, St. Lucia, Barbados, St. Vincent en die Grenadine, Grenada, Trinidad en Tobago Bonaire, Curaçao en Aruba in. Die Klein-Antille bestaan meestal uit jong vulkaniese rots of koraaleilande, terwyl die Groot-Antille uit kontinentale rots bestaan. Die Klein-Antille beslaan net 10% van Wes-Indië se oppervlakte en huisves ook net 10% van die bevolking. Die Klein-Antille was vroeër 'n strategies belangrike hawe onderweg na die Amerikas.
133669
United Coffee is een van Europa se grootste koffieroosters. Dit vervaardig en versprei 'n wye verskeidenheid van koffie, koffie masjiene en verwante dienste deur middel van die kleinhandel en buitenshuis verspreiding kanale, insluitend hotelle, restaurante en kafees. Die maatskappy is gebaseer in Genève, Switserland. United Coffee is in 1818 gestig. Hulle het nou byna 1000 mense in diens en rooster meer as 60,000 ton van koffie per jaar. Die maatskappy koop 1% van die wêreld se totale koffie uitvoere per jaar. Die maatskappy is 'n markleier binne die private etiket en enkele gedeelte koffie sektor en die besit van die kleinhandel en buitenshuis handelsmerke soos Grand Café, Templo, Rosca, en Smit & Dorlas. Dit verskaf ook aan 'n paar van Europa se voorste kosdiens maatskappye, insluitend die Metro, McDonald's en duisende van die plaaslike kafees en restaurante. United Coffee is gewy aan die werk met internasionaal erkende gedragskodes, insluitend Fairtrade, Reënwoud Alliansie en UTZ Certified en is 'n Europese leier in volhoubare koffie. Gerugsteun deur middelmark-private-ekwiteitsfonds, CapVest, United Coffee is 'n leidende rooster oor ses Europese lande: Frankryk, Duitsland, Nederland, Spanje, Switserland en die Verenigde Koninkryk.
309764
Allan Hyde (gebore 20 Desember 1989) is 'n Deense akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Sommeren '92 (2015) en in die televisiereekse True Blood (2008), Alla Salute! (2011), en Below the Surface (2017). 2011: Franky, Frankly 2013: The Miracle 2014: Kolbøttefabrikken 2015: Sommeren '92 2015: The Shamer's Daughter 2015: Dryads - Girls Donot Cry 2016: Hundeliv 2017: Songs in the Sun 2019: The Shamer's Daughter 2 - The Serpent Gift 2008: True Blood 2011: Alla Salute! 2013: Kødkataloget 2014: Heartless 2015: Juleønsket 2015: Anton90 2017: Below the Surface 2020: Cold Hawaii Allan Hyde in die Internet-rolprentdatabasis Allan Hyde op Twitter
115101
Die Chemspoor-samesweringsteorie is 'n onbewese vermoede dat die langdurige wolkspore wat in die lug sigbaar is, gevorm word deur vliegtuie wat baie hoog vlieg, en dat die spore uit chemiese of biologies agense bestaan wat doelbewus gesproei word vir sinistere doeleindes wat ongeopenbaar bly aan die algemene publiek. Voorstanders van die teorie redeneer dat gewone kondensasiespore vinnig verdwyn en dat die wolk-spore wat nie verdwyn nie daarom uit addisionele stowwe moet bestaan. Hierdie argumente word afgemaak deur die wetenskaplike gemeenskap wat op hul beurt beweer dat die spore normale water-gebaseerde kondensasiespore is soos dit gevorm word deur vliegtuie onder sekere atmosferiese toestande. Alhoewel voorstanders gepoog het om die beweerde chemiese bespuiting te bewys, is hul ontledings gebrekkig of gegrond op wanopvattings. Vanweë die wydverspreide gewildheid van die samesweringsteorie, kry amptelike agentskappe baie navrae van mense wat 'n verduideliking daaromtrent eis. Wetenskaplikes en regeringsamptenare van regoor die wêreld moes herhaaldelik bevestig dat chemspore in werklikheid normale kondensasiespore is. Die term chemspoor is 'n kombinasiewoord van die woorde chemiese en spoor (chem + trail).
30606
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is 'n vereniging wat daarna streef om op ’n volhoubare wyse om te sien na die diverse Afrikaanssprekende gemeenskap se taal- en kultuurbehoeftes in Suid-Afrika. Die ATKV is op 19 Augustus 1930 in Kaapstad gestig. Die ATKV het ongeveer 70 000 hooflede en bedryf ongeveer 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek. Die ATKV deel jaarliks talle pryse uit, en is ook bekend vir sy sewe vakansieoorde. Afrikaners het hulle heil op groot skaal by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë gevind en teen 1930 was ongeveer 50% van spoorweg-personeel Afrikaanssprekend. Die bedryfstaal was egter steeds Engels. Afrikaans word in 1925 as amptelike landstaal erken. Onder die leiding van Sybie van der Spuy word die aanvoorwerk gedoen wat uiteindelik op die stigting van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging uitloop. Die stigters wou nie net Afrikaners leer om beter Afrikaans te praat nie, maar ook hulle Engelse kollegas in die spoorwegdiens. Die sing van “God Save the King” ter afsluiting van die stigtingsvergadering was volgens Sybie juis bedoel om Engelssprekendes welkom te laat voel.
51828
Johnston-atol (Engels: Johnston Atoll) is 'n klein afgeleë eiland van die Verenigde State van Amerika en 'n onbewoonde atol in die noordelike Stille Oseaan, wat tot Polinesië behoort. Die atol het 'n oppervlakte van 2,67 km2. Die Johnston-atol lê noordoos van Australië en Nieu-Seeland, ten suidweste van Hawaii en ten noorde van die Cookeilande.
95102
Apollo 8 was 'n sending van die Apollo-program in Desember 1968. Dit was die eerste bemande ruimtevlug wat sy wentelbaan om die Aarde verlaat het, en die eerste wat om die Maan gewentel het. Bevelvoerder Frank Borman, met vlieëniers Jim Lovell en William Anders, het 'n TV-program tydens dié ruimtevlug uitgesaai. Hulle het nog nie landingstuie gehad wat op 'n maan kon land nie, en moes gevolglik die Maan vanuit die lug fotografeer en bestudeer. Daarna het hulle hulle vuurpyle afgevuur om veilig na die Aarde terug te keer. Lansering van Apollo 8 met behulp van 'n Saturnus V-vuurpyl. Derde fase van die Saturn V-vuurpyl. Die Aarde kom oor die horison van die Maan op. Apollo 8 se kapsule nadat dit in die Stille Oseaan geval het. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Apollo 8.
223173
Gabriella Hall (gebore 11 November 1966) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Desires of Innocence (1997) en Sex Files: Alien Erotica (1998), en in die televisiereeks Click (1997). 1996: Centerfold 1996: Love Me Twice 1997: Desires of Innocence 1997: Shadow Dancer 1997: Sexual Roulette 1997: Passion and Romance: Double or Nothing 1997: Passion and Romance: Scandal 1997: You Only Live Until You Die 1997: The Body Beautiful 1998: Sex Files: Alien Erotica 1998: The Exotic Time Machine 1996: Beverly Hills Bordello 1997: Click 1998: Intimate Sessions 2000: Kama Sutra 2000: Bedtime Stories 1998: Indiscreet 2000: The Naked Thief 1997: Masseuse 2 1997: Lust: The Movie 1997: Butterscotch: Lost But Found 1997: Butterscotch: Mission Invisible 1997: Butterscotch: How Sweet It Is 2000: The Seductress 2000: Virgins of Sherwood Forest 2001: Deviant Vixens I 2002: Deviant Obsession 2003: The Erotic Misadventures of the Invisible Man 2005: Jacqueline Hyde Gabriella Hall in die Internet-rolprentdatabasis
50472
Fes (Arabies: فاس) is die derde grootste stad van Marokko naas Casablanca en Rabat in die noorde en is die hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die stad het 1 958 782 inwoners in 2010 gehad. Fes een van die vier koningsstede van Marokko, saam met Marrakesj, Meknes en Rabat. Die stad is op die vrugbare Haouzvlakte aan die voet van die Hoë Atlas geleë. Die Medina van Fes is in 1981 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Fes. (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
9819
Malawi (Engels: [məˈlɔːwi], [məˈlɑːwi] of [ˈmæləwi]; Chichewa: Malaŵi, [maláβi] of [maláwi]), amptelik die Republiek Malawi (Engels: Republic of Malawi; Chichewa: Dziko la Malaŵi), voorheen bekend as Njassaland, is ’n republiek in Suidoos-Afrika wat heeltemal deur land omring word. Teen 118 484 km² is dit een van die kleinste lande in Afrika, maar dit het ’n verskeidenheid landskappe en ’n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog. Sowat ’n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan; dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wêreld. Malawi grens aan Zambië in die noordweste, Tanzanië in die noordooste en Mosambiek in die suide, suidooste en suidweste. Dit het ’n geraamde bevolking van 18 091 575 (2016). Sy hoofstad is Lilongwe, wat ook die grootste stad is, en die tweede grootste is Blantyre. Die naam kom uit die Maravi-taal. Die land is ook algemeen bekend as die "Warm Hart van Afrika".
71649
Hierdie artikel handel oor Betlehem in die Staat Palestina. Vir die dorp in die Vrystaat, sien Bethlehem, Vrystaat. Betlehem (Arabies: ‏بيت لحم‎, Bait Lahm; Hebreeus: בית לחם, Bet Lechem) is 'n stad in die Wesoewer van die Staat Palestina. Die stad is geleë net suid van die Israeliese hoofstad Jerusalem en is veral bekend as geboorteplek van Jesus van Nasaret. Daarom is die stad een van die belangrikste Christelike pelgrimstogte ter wêreld. Betlehem het 'n bevolking van sowat 30 000 in 2014 gehad. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
20624
Brood is 'n stapelvoedsel van kulture in Europa, Indië en die Midde-Ooste en word voorberei deur deeg te bak, te stoom of te braai. Brooddeeg bestaan uit ten minste meel en water; gewoonlik word daar ook sout bygevoeg asook 'n rysmiddel soos gis. Sommige brood bevat ook suiker, speserye, vrugte (soos rosyntjies, pampoen of piesangs), groente (soos uie of murgpampoen), neute, of sade (soos karwysaad, sesamsaad of papawersaad). Daar bestaan 'n enorm wye verskeidenheid brode, met voorkeure wat van streek tot streek verskil. Vars brood word geniet weens die smaak en tekstuur daarvan en dit is belangrik dat brood vars moet wees om smaaklik te wees. Brood wat verouderd is, se smaak versleg en muf naderhand. Moderne brood word gereeld in papier of plastieksakke toegedraai of in lugdigte houers, soos broodhouers, geplaas om dit langer vars te hou. Muf word bevorder deur die brood in 'n warm omgewing te hou, maar 'n te koue omgewing, soos die yskas, sal veroorsaak dat die brood weer gou verouder.
16950
Oxford [ˈɒksfərd] is 'n stad in suidelike Sentraal-Engeland. Dit dien as die administratiewe setel van die seremoniële graafskap Oxfordshire waarin dit 'n distrik vorm. Oxford is een van die snelste groeiende stede in die Verenigde Koninkryk, met 'n etnies uiteenlopende bevolking van 154 600 binne die stadsgrense en 244 000 in die metropolitaanse gebied. Die bewoners van Oxford word in Engels Oxonians genoem. Die stad het 'n diverse ekonomiese basis met motorvervaardiging, uitgewerye, opvoedkundige instellings, inligtingstegnologie en ander wetenskapsgebaseerde bedrywe. Oxford staan internasionaal veral bekend as setel van die Universiteit van Oxford, die oudste in die land en die Engelssprekende wêreld. Oxford se boukuns sluit voorbeelde van elke argitektoniese stylperiode in Engeland sedert die vestiging van die Angel-Sakse, waaronder die ikoniese Radcliffe Camera uit die middel van die 18de eeu. Oxford se kolleges oorheers die middestad met hul verskeidenheid boustyle en kenmerkende binnepleine. Maar dit is veral Gotiese stylelemente soos klein en groot torings met hul spitse waaraan Oxford sy bynaam "stad van dromende toringspitse" (city of dreaming spires) te danke het. Die digter Matthew Arnold het met hierdie term na die harmoniese boustyl van Oxford se universiteitsgeboue verwys.
8065
Frankfurt am Main (Duits: [ˈfʁaŋkfʊɐ̯t am ˈmaɪ̯n] luister (hulp·inligting)) is met 'n bevolking van meer as 757 000 die grootste stad van die deelstaat Hesse en die vyfde grootste stad van Duitsland ná Berlyn, Hamburg, München en Keulen. Die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main het 2,3 miljoen inwoners. Die Frankfurt Rhein-Main-streek het 'n bevolking van meer as vyf miljoen en is die tweede grootste ekonomiese spilpunt in Duitsland. Frankfurt am Main het reeds in die Middeleeue een van Duitsland se belangrikste stedelike sentra geword. Die eerste historiese verwysing na die stad dateer uit die jaar 794, en sedert die Hoë Middeleeue het Frankfurt die status van 'n Vrye Ryksstad geniet. Tot in die jaar 1806 het Frankfurt as die verkiesings- en kroningsstad van die keisers van die Heilige Romeinse Ryk gedien. Die stad was sedert 1806 die administratiewe setel van die Duitse Bond en in 1848/49 ook die setel van die eerste Duitse parlement wat vry verkies is. Die stad speel 'n belangrike rol in die wêreldekonomie. As die setel van die Europese Sentrale Bank, die Frankfurtse Effektebeurs en die Frankfurtse Handelskou is dit die belangrikste finansiële sentrum in Duitsland.
100549
Carpi (Italiaans: Città di Carpi) is 'n dorp en comune in die streek Emilia-Romagna, in die noorde van Italië. Die dorp het in 2014 'n bevolking van ongeveer 70 393 gehad en het 'n oppervlakte van 131.54 km². Dit is 'n besige sentrum vir industriële en handwerk-aktiwiteite en vir kulturele en kommersiële handel. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Carpi, Emilia-Romagna. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
6067
Maltees (Malti) is 'n Semitiese taal wat deur sowat 522 000 mense gebesig en op die eiland Malta gepraat word. Dit het oorspronklik uit 'n Arabiese dialek ontstaan en is tans die enigste inheemse Semitiese taal in Europa. Dié taal gebruik, as enigste van die Semitiese tale, die Latynse alfabet en bevat ruim leenwoorde uit Engels en Italiaans. 'n Voorbeeldsin: Is-Segretarju Ġenerali tal-GWU Tony Zarb qal li l-laqgħa dwar il-Patt Soċjali fil-Kunsill Malti għall-Izvilupp Ekonomiku u Soċjali (MCESD) ma ħalliet ebda frott u għaldaqstant, ladarba ma kienx hemm kunsens, il-Patt Soċjali ma jistax jitwettaq. [Uit L-orizzont van 18 November 2004.] Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maltees. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Maltees. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Maltese" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 17 Oktober 2015. Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Maltees
137
Hierdie artikel handel oor die Xhosataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Xhosas. Xhosa (isiXhosa, [isikǁʰɔ́ːsa], luister (hulp·inligting) in Xhosa) is die taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die tweede meeste moerdertaalsprekers in Suid-Afrika ná Zoeloe. Omtrent 11 miljoen mense gebruik Xhosa as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die taal is ook nou verwant aan Zoeloe en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal gesien word. Xhosa is een van die amptelike tale van Zimbabwe. Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos die Engelsman Henry Hare Dugmore, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Xhosa skryf.
7067
Groningen (Gronings: Grönnen of Grunn; Wes-Fries: Grinslân) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 587 000 in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 960 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 200 per km². Die hoofstad en grootste stad is Groningen. Groningen grens in die suide aan Drenthe, in die weste aan Friesland, in die noorde aan die Noordsee en in die ooste aan Nedersakse (Duitsland). In die provinsie word naas Nederlands ook Gronings gepraat, 'n dialek van die Nedersaksiese taal. Groningen bestaan sedert 2021 uit 10 munisipaliteite: In 1959 is in Groningen aardgas by Slochteren ontdek. "Bodemgebruik; uitgebreide gebruiksvorm, per gemeente" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016. "Bevolkingsontwikkeling; regio per maand" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groningen (provinsie).
93434
Protoplanete is groot planetêre embrio's wat in die protoplanetêre skyf van ’n ster ontstaan en interne versmelting ondergaan om gedifferensieerde binnekante te vorm. Hulle vorm vermoedelik van planetesimale van sowat 1 km in deursnee wat mekaar deur swaartekrag aantrek en dan bots. Protoplanete bots dan weer om eindelik planete te vorm. In die geval van die Sonnestelsel word geglo botsings tussen planetesimale het ’n paar honderd planetêre embrio's gevorm. Sulke embrio's was soortgelyk aan Ceres en Pluto, met massas van sowat 1022 tot 1023 kg en ’n deursnee van ’n paar duisend kilometer. Oor honderdmiljoene jare het hulle met mekaar gebots en ’n tweede geslag gevorm van minder maar groter embrio's. Hulle het weer gebots en ’n derde geslag van nog minder en nog groter embrio's gevorm. Eindelik was daar net ’n hand vol embrio's oor wat weer eens gebots en eindelik die planete gevorm het. Verhitting vanweë radioaktiwiteit, botsings en swaartekragdruk het dele van protoplanete gesmelt terwyl hulle planete gevorm het. In die gesmelte sones het hul swaarder chemiese elemente na die middel afgesak, terwyl die ligter elemente na die oppervlak gestyg het.
287024
1 Henog, of die Boek van Henog (Ge'ez: መጽሐፈ ሄኖክ, maṣḥafa hēnok), is ’n antieke Hebreeuse godsdiensteks wat volgens tradisie deur Henog, die oupagrootjie van Noag, geskryf is. 1 Henog bevat unieke materiaal oor die oorsprong van demone en reuse, die val van sekere engele, ’n verduideliking van hoekom die sondvloed moreel noodsaaklik was, en ’n profetiese uiteensetting van die 1 000 jaar lange heerskappy van die Messias. Die oudste dele van die teks (veral in die Boek van die Wagters) kom na raming uit omstreeks 300-200 v.C., en die jongste deel (die Boek van Gelykenisse) moontlik uit 100 v.C. Verskeie Aramese fragmente wat in die Dooie See-rolle gevind is, asook Koine-Griekse en Latynse fragmente, het bewys die Boek van Henog was bekend onder die vroeë Jode en Christene. Die boek is ook aangehaal deur sommige 1ste- en 2de-eeuse skrywers, soos in die Testamente van die Twaalf Patriarge. Skrywers van die Nuwe Testament het ook van die inhoud geken.
39260
’n Sperm (meervoud: sperma) is ’n manlike geslagsel of gameet. Dit word ook ’n spermatosoön (meervoud: spermatosoa) genoem, van die Griekse woorde σπέρμα, "saad", en ζῷον, "lewende wese". Die menslike spermsel is haploïed en bevat dus slegs die helfte soveel chromosome as die liggaamselle van die vader. Dit moet dus saamsmelt met die vroulike gameet, die ovum (eiersel), om bevrugting te bewerkstellig en ’n sigoot te vorm wat gewoonlik verder tot ’n embrio ontwikkel. Die sigoot is dus ’n diploïede sel met ’n volledige getal chromosome (twee halwe stelle, een van elke ouer). In die mens bevat elke gameet, manlik of vroulik, ’n unieke geslagschromosoom wat tydens bevrugting die geslag van die sigoot bepaal. Die eiersel sal altyd ’n X-chromosoom bydra, maar ’n spermsel kan ’n X- óf Y-chromosoom bevat. As die sperm wat die ovum bevrug ’n X-chromosoom het ('n 50/50-kans), sal die sigoot vroulik wees met ’n genotipe "XX".
3742
'n Kalender is die kunsmatige indeling van tyd in kleiner en groter eenhede, gegrond op sterrekundige verskynsels. Die kleinste kalender-eenheid, naamlik 'n dag, berus op die wenteling van die aarde om sy eie as. 'n Maand berus op die wenteling van die maan om die aards en 'n jaar op die aarde se kringloop om die son, wat met ʼn volle seisoensiklus gepaard gaan. Die woord kalender is ontleen aan ʼn Griekse woord wat "uitroep" beteken aangesien die priesters fees- en vastye asook nuwe mane op die wyse afgekondig het. Die – man in almanak kom uit Arabies en beteken "maan". Die Midde-Ooste was die ontstaanpunt van die maankalender en die meeste van die ou beskawings het aanvanklik die tydsindeling gevolg. Daar was egter nie genoeg voltooide "maanmaande" om in 'n jaar te pas nie, en die son is later as soortgelyke maatstaf gebruik. In die "sonjaar" vorm die getal dae egter nie 'n heelgetal nie, en die kalender was dus effens uit pas met die seisoene. Ten einde die natuur se kringloop so na as moontlik te volg, is die sterre ook later ingespan.
8365
Nynorsk ("Nuwe-Noors"), voor 1929 Landsmål genoem, is volgens die sogenaamde Likestillingsvedtaket (Wet oor die gelykstelling van Noorweë se twee amptelike skryftaalvariante) van 12 Mei 1885 naas Bokmål een van twee amptelike variante van die Noorse skryftaal. Dit word tans deur tussen sewe en vyftien persent van die bevolking as hoofskryftaal gebruik. Nynorsk is daarnaas die onderrigmedium vir sowat vyftien persent van alle Noorse laerskolleerlinge. Die spreektaal in Noorweë is nouliks gestandaardiseerd en vertoon redelike groot streeksverskille. So geniet ook dialekte steeds 'n hoë status as algemene omgangstaalvariëteite. Dit is juis moderne Noorse dialekte wat as basis vir die ontwikkeling van Nynorsk as standaardskryftaal gedien het. Nynorsk het in die 19de eeu ontwikkel as alternatief vir Bokmål wat in geskrewe vorm baie naby aan Deens is. Nynorsk word met name in westelike Noorweë gebruik en is gevorm op grond van veral westelike plattelandse dialekte, aangevul met elemente uit Yslands. Aangesien Nynorsk uit die landelike kultuur voortgespruit het, het sy gebruik as gevolg van toenemende verstedeliking in die 20ste eeu gestagneer of selfs afgeneem. Die benaming Nynorsk is vir die eerste keer deur Andreas Hølaas in Desember 1877 gebruik.
106933
Nederland het 'n lang geskiedenis van oorstromings, wat watersnoodrampe genoem word. Keer op keer het duisende mense gesterf en dorpe en stede het verdwyn. Land het see geword en het later weer verslik of is ingepolder. Ondergenoemde jare is bekend vir 'n watersnood wat plaasgevind het: Dié gebeurtenisse het hulle stempel op die geskiedenis van die land afgedruk en ook die kultuur en die politieke strukture beïnvloed. Nederland het byvoorbeeld nie net 'n departement van verdediging teen vyandelike aanvalle nie, maar ook 'n organisasie wat Rijkswaterstaat genoem word en verantwoordelik is vir die bevolking se beveiliging teen oorstromings. Die oorstromingsgevaar kan van twee kante af kom: Die Noordsee, wat die dele van die land kan oorstroom as dit stormagtig is Die groot riviere Ryn en Maas wat die land kan oorstroom ná ’n groot reënval in Duitsland en Frankryk Tradisioneel is die rampe genoem na die naamdae van heiliges van die Katolieke Kerk, maar sedert 1953 is dit nie meer gebruiklik nie. Sedert die einde van die laaste Ystydperk het die Noordsee se vlak gestyg en die bodem van die land gedaal deur die isostatiese verhouding met Skandinawië.
55654
.ms is die Internettopvlakdomein vir die Britse oorsese gebied van Montserrat. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .ms
76446
Die Baleariese pylstormvoël (Puffinus mauretanicus) is 'n stormvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 32 – 38 cm groot en weeg 480 - 550 g met 'n vlerkspan van 78 - 90 sentimeter. In Engels staan die voël bekend as Balearic shearwater. Die voël se status is kritiek bedreig en daar is slegs 2 500 pare wat broei op die Baleariese Eilande by Spanje. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Puffinus mauretanicus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
83600
'n Biblioteek is 'n georganiseerde versameling van inligtingshulpbronne, wat toeganklik gemaak word aan 'n vasgestelde gemeenskap vir verwysing of uitleen. Dit bied fisiese of digitale toegang tot materiaal, en kan in 'n fisiese gebou of kamer, òf 'n virtuele ruimte, òf albei wees. 'n Biblioteek se versameling items kan boeke, tydskrifte, koerante, manuskripte, films, kaarte, afdrukke en dokumente insluit. Mikrofilm, CD's, klankkassette, videobande, DVD's, Blu-ray-skywe, e-boeke, oudioboeke, databasisse en ander formate kan ook hier gestoor word. Biblioteke kan wissel in grootte van 'n paar rakke met boeke, tot 'n paar miljoen items. In Latyn en Grieks, is die begrip van 'n boekrak verteenwoordig deur Bibliotheca en Bibliothēkē (Grieks: βιβλιοθήκη). Afgeleides van hierdie woord beteken biblioteek in meeste moderne tale, bv die Franse bibliothèque. 'n Openbare biblioteek verskaf dienste aan die algemene publiek. Gewoonlik word meeste van sy boeke beskikbaar gestel vir uitleen. As 'n reël reik biblioteke kaarte uit aan lede van die gemeenskap wat boeke wil uitneem, om seker te maak dat die boeke weer in goeie toestand terugbesorg word aan die biblioteek.
74336
Chimborazo is 'n bergmassief en 'n dormante vulkaan in Suid-Amerika in die middel van Ecuador. Dit het 'n hoogte van 6268 meter en is die hoogste berg in Ecuador. Die hoogste punt van die berg is die plek wat die verste van die middelpunt van die Aarde af is. Alhoewel Mount Everest hoër is, is Chimborazo weens die ronding om die ewenaar verder van die Aarde se kern af. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
31238
Limón, ook bekend as Puerto Limón is die hoofstad van die Limón provinsie van Costa Rica. Met 105 000 mense wat daar woon is dit die tweede grootste stad in Costa Rica met die land se grootste hawe. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
42152
Die Bahamas (Engels: The Bahamas, [bəˈhɑːməz], luister (hulp·inligting)), amptelik die Gemenebes die Bahamas (Commonwealth of the Bahamas), is 'n eilandstaat in die Noord-Atlantiese Oseaan. Die land sluit bykans 3 000 eilandjies in en bestaan uit lang, lae koraalformasies en lae heuwels. Die Bahamas-eilande is oos van Florida, noordoos van Kuba, noordwes van die Turks- en Caicoseilande en Hispaniola, en suidwes van Bermuda geleë. Die hoofstad en grootste stad is Nassau. Dit het 'n oppervlakte van 13 878 km² en het 'n bevolking van 385 637 in 2018 gehad. Die Bahamas is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek en Haïti die vierde grootste eilandstaat van die streek. Danksy die plek se mooi strande en warm weer is dit 'n gewilde toeristebestemming. Die naam van die Bahamas is óf van die Taino-word ba ha ma ("groot boonste middelland") wat deur die inheemse Indiane gebruik is, óf van die Spaanse baja mar ("vlak water of see" of "laagwater") vir die vlak water van die gebied, afgelei.
42257
Leo X was die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1513 tot 1521. Hy was die laaste persoon wat nie 'n priester was nie toe hy verkies is. Hy is veral bekend weens die verkoop van aflate om die rekonstruksie van die Sint Pieterskerk te betaal en sy hantering van Martin Luther se 95 stellings. Hy was die tweede seun van Lorenzo de' Medici en Clarice Orsini. Sy neef Giulio di Giuliano de' Medici sou hom later opvolg as Pous Clemens VII. Pous Leo X is gebore as Giovanni de' Medici die tweede seun van Lorenzo de' Medici op 11 Desember 1475 in Florence, Italië. Hy was van sy geboorte af bestem om die Kerk te dien. Op 14 Maart 1487 word hy ab "in commendam" van die ryk Benediktyner klooster Monte Cassino en op 24 September 1488 kry hy ook die klooster van Vallobrosan "in commendam". Op 9 Maart 1489 stel Pous Innocentius VIII hom aan as kardinaal-diaken van Santa Maria in Domnica. Op 23 Maart 1492 word hy toegelaat tot die kollege van kardinale.