id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
79704
Die Europese vlieëvanger (Muscicapa striata) is 'n algemene Palearkties-broeiende trekvoël na feitlik alle beboste habitats, van woudrande tot halfdorre savanne. Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 15 – 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Spotted Flycatcher. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Muscicapa striata". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
133878
Die groot kaktusgrondvink (Geospiza conirostris) is ’n spesie sangvoëls in die darwinvinkgroep van die familie Thraupidae. Darwinvinke kom net op die Galapagos-eilande voor en is nie naby verwant aan ware vinke nie. Die groot kaktusgrondvink is inheems aan die Galápagos-eilande, waar dit net op Española-, Genovesa-, Darwin- en Wolfeiland voorkom. Die donker voël lyk soos die kleiner gewone kaktusgrondvink, maar die twee spesies word nie op enige eiland saam aangetref nie. Hul natuurlike habitat is droë struiklande en hulle kom meestal op die grond voor. Hul hoofvoedsel is die kaktus Opuntia. Die groot kaktusgrondvink is een van die darwinvinke, ’n groep naby verwante voëls wat op die Galápagos-eilande ontstaan het. Hulle is verwant aan die genus Tiaris wat in Suid-Amerika en die Karibiese gebied voorkom. ’n Voorouer van die Tiaris het twee tot drie miljoen jaar gelede op die Galápagos-eilande aangekom, en die groot kaktusgrondvinke is een van die spesies wat uit dié voorouer ontwikkel het. Volgens ’n studie wat in 2015 gedoen is, is die voël ’n broer van die groot grondvink, maar nie van die Genovesa-kaktusvink nie.
295383
’n Skeurvallei (ook genoem ’n sinkdal of slenkdal) is ’n reguit laagland tussen verskeie hooglande of bergreekse wat geskep word deur ’n geologiese skeur of breuk. ’n Skeurvallei vorm op die grens van twee tektoniese plate wat in teenoorgestelde rigtings beweeg of by ’n oopspreiding van die aardoppervlak, en dit word verder verdiep deur die kragte van erosie. Wanneer die spanningskragte groot genoeg is dat die plaat skeur, val ’n blok tussen die twee blokke aan weerskante van hom in, en dit vorm ’n slenk. Die inval van die middelste blok vorm die feitlik parallelle, steil walle van ’n skeurvallei wanneer dit nuut is. Dit is die begin van die skeurvallei, maar namate die proses voortduur, word die vallei breër totdat dit ’n groot bekken is wat gevul word met sediment van die skeurwalle en omringende gebied. Een van die beste voorbeelde van hierdie proses is die Oos-Afrikaanse Skeur. Skeure kan op alle hoogtes op aarde voorkom, van die seebodem tot plato's en bergreekse. Hulle word dikwels verbind met ’n aantal aangrensende skeurvalleie, wat gewoonlik geologies beskou word as deel van die hoofskeurvallei.
13932
Die bensodiasepiene is 'n klas van psigotrope geneesmiddels met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot gevolg hê. Dit word vermoed dat die bensodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Sedert die laat 1960’s en 1970’s het geneeshere begin om hierdie soort middels grootskaals voor te skryf. Bensodiasepiene word gewoonlik in drie groepe verdeel: kortwerkend (korter as ses ure) — 'n terugbons-slaaploosheid, en die vererger van angs teen wakkerwordtyd kan hiermee voorkom. tussen kort-en-langwerkend (effektief vir tussen 6-10 ure) — matige residuele simptome kan voorkom langwerkend (langer as 10 ure) — sterk kalmerende, geestesonderdrukkende simptome kan met die gebruik hiervan voorkom, asook 'n opbou van die bloedkonsentrasie van die middel. Sien 'n Lys van bensodiasepiene. Alle bensodiasepiene het die volgende voorspelbare uitwerkings, alhoewel sommige sterker slaapmiddels kan wees en andere 'n sterker geheueverlies (sien onder newe-effekte) kan veroorsaak. Hoe hoër die dosis, hoe sterker is die effek.
127230
Die Klein St. Bernardpas (Frans: Col du Petit Saint-Bernard, Italiaans: Colle del Piccolo San Bernardo) is 'n bergpas in die Alpe op die Frans-Italiaanse grens en is 2 188 m bo seevlak. Dit is tussen Savoie, Frankryk, en die Aostavallei aan die Italiaanse kant op die suide van die Mont Blanc-massief. Die pas het sy naam verleen aan die Sint Bernardhonde. Lys van bergpasse oor die Alpe Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
7766
John Frederic Lewis (14 Julie 1805 – 15 Augustus 1876) was 'n Engelse skilder. Hy is in die waterverfskilderkuns bekend vir sy uitbeelding van omgewings in die Midde-Ooste. Sy vader, Frederick Christian Lewis (1779-1856), was 'n graveerder en landskapskilder. Old Church Galleries Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
18530
Ryk Tulbagh (Utrecht, 14 Mei 1699 – Kaapstad, 11 Augustus 1771) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 27 Februarie 1751 tot 11 Augustus 1771. Ryk Tulbagh was die oudste seun van Dirk Tulbagh en Catharina Cattepoel. Dirk Tulbagh was in diens van die State-Generaal in Utrecht maar is in 1704 na Bergen op Zoom verplaas. Ryk Tulbagh het sy opleiding daar ontvang en op sestienjarige ouderdom in Dordrecht voltooi. Terwyl hy steeds slegs sestien jaar oud was is hy in 1715 deur die VOC in diens geneem en op die skip Terhorst na die Kaapkolonie gestuur vir 'n vyf jaar kontrak waar hy aangewend kon word waarvoor ook al die kompanjie hom sou benodig. Goewerneur De Chavonnes het die jong man se vermoë raakgesien en hom bevorder tot assistentklerk van die Sekretaris van die Politieke Raad waarmee hy sy loopbaan as administratiewe amptenaar begin het. Tulbagh het snelle opgang gemaak en sy swaer Hendrik Swellengrebel as hoofklerk van die Politieke Raad opgevolg. In April 1739 het hy Sekunde en Senior Handelaar geword en in het hy Hendrik Swellengrebel in 1751 as Goewerneur opgevolg, 'n pos wat hy vir 20 jaar tot met sy afsterwe in 1771 sou beklee.
250558
Remco Campert (gebore op 29 Julie 1929) is 'n Nederlandse skrywer, digter en rubriekskrywer. Remco Wouter Campert is gebore in Den Haag as die seun van die skrywer en digter Jan Campert, skrywer van die gedig De achttien dooden, en die aktrise Joekie Broedelet. Sy ouers se paaie het geskei toe hy drie jaar oud was, wat daartoe gelei het dat hy soms, afhangende van die omstandighede, saam met een van sy ouers, en soms saam met sy grootouers gewoon het. Sy vader het in 1943 in die Neuengamme konsentrasiekamp beswyk. Remco het daarna saam met sy moeder gewoon. Hulle het in 1945, na die einde van die Tweede Wêreldoorlog na Amsterdam teruggekeer, nadat hulle die voorafgaande drie jaar in die dorpie Epe in Nederland gewoon het. In Amsterdam het Remco sy sekondêre opvoeding aan die Amsterdamse Lyceum begin en soms artikels geskryf of strokiesprente geteken vir die skoolkoerant. Hy het weldra al hoe meer klasse begin oorslaan en sy tyd in bioskope, jazzklubs of kroeë verwyl. Hy het uiteindelik die skool verlaat sonder om te matrikuleer. Hy het saam met 'n skoolvriend, Rudy Kousbroek, die tydskrif Braak in Mei 1950 gestig.
285417
Walther Heinrich Alfred Hermann von Brauchitsch (4 Oktober 1881 - 18 Oktober 1948) was 'n Duitse veldmaarskalk en die opperbevelhebber van die Duitse leër tydens die Tweede Wêreldoorlog. Brauchitsch, gebore in 'n aristokratiese militêre gesin, het in 1901 die weermagdiens betree. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het hy met onderskeiding gedien op die personeel van die korps- en afdelingsvlak aan die Westelike Front. Nadat die Nazi in 1933 met mag oorgeneem is, is Brauchitsch in beheer van die Oos-Pruisiese militêre distrik. Hy het enorme bedrae geld by Hitler geleen en van sy finansiële hulp afhanklik geraak. Brauchitsch het van Februarie 1938 tot Desember 194 as opperbevelhebber van die Duitse leër gedien. Hy het 'n sleutelrol gespeel in die Slag van Frankryk en het toesig gehou oor die Duitse invalle van Joego-Slawië en Griekeland. Vir sy deel aan die Slag van Frankryk het hy een van twaalf generaals geword wat tot veldmaarskalk bevorder is. Nadat hy in November 1941 'n hartaanval gehad het en die skuld gegee is vir die mislukking van Operasie Typhoon, die Wehrmacht se aanval op Moskou, is hy ontslaan as opperbevelhebber en het hy die res van die oorlog op gedwonge aftrede deurgebring.
364587
Die 2006 Verenigde State Grand Prix is op 2 Julie 2006 by die Indianapolis Motor Speedway gehou en is deur Michael Schumacher in 'n Ferrari gewen.
26616
Natuurlike seleksie is 'n verskynsel in die natuur waar sekere voordelige evolusionêre kenmerke aan organismes deur middel van voortplanting bó die kenmerke van ander organismes gekeur word, en dus mettertyd 'n groterwordende prominentheid handhaaf. Elke bevolking bestaan uit baie individue. Alhoewel die individue baie ooreenkomste kan vertoon, is hulle, met weinig uitsonderinge, nooit presies eenders nie. Sommige individue kan kenmerke hê wat hulle 'n beter kans op voortbestaan bied as ander. Hierdie kenmerke kan deur oorerwing al hoe meer prominent word, met ander woorde die populasie ontwikkel kenmerke wat dit 'n beter kans op voortbestaan bied. Hierdie verskynsel word natuurlike seleksie genoem. Natuurlike seleksie berus hoofsaaklik op oorproduksie, gedurige kompetisie, variasies, behoud van die geskikste en oorerwing. Natuurlike seleksie is veral opvallend wanneer daar 'n verandering in 'n habitat intree. Só 'n verandering kan skielik of geleidelik wees. 'n Voorbeeld van 'n skielike verandering is wanneer 'n insektedoder in 'n habitat gebruik word, en 'n voorbeeld van 'n geleidelike verandering is wanneer 'n nuwe ystydperk aanvang neem.
81534
Takeo Takahashi (高橋 武夫, Takahashi Takeo?, 13 Mei 1947 -) is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. National Football Teams Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
203468
Hymedesmia omissa is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Hymedesmia en tot die familie Hymedesmiidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1938 deur Topsent. Van Soest, R. (2011). Hymedesmia omissa Topsent, 1938. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=133616. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
240440
Al Rodrigo is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Last Rites (1988), The Birdcage (1996), House of Sand and Fog (2003), en Despicable Me (2010). 1988: Last Rites 1996: The Birdcage 2003: House of Sand and Fog 2010: Despicable Me 1991: Riders in the Sky Al Rodrigo in die Internet-rolprentdatabasis
63320
Versfeldpas is 'n bergpas wat toegang tot die bergplato net ten weste van Piketberg verleen. Op 680 m bo seespieël bereik die pas sy hoogste punt en dit het 'n maksimumhelling van 1:12. Lys van bergpasse in Suid-Afrika Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
117236
Die 2011 Formule Een Aboe Dhabi Grand Prix het op 13 November 2011 op die Yas Marina-renbaan in Aboe Dhabi plaasgevind. Dit was die agtiende en voorlaaste wedren van die kampioenskapseisoen. Nota: Slegs die top vyf plekke word aangedui vir beide uitslae.
60290
Peter Blum (1925–1990) was 'n omstrede Afrikaanse digter. Hy is weens sy teenkanting teen die destydse beleid van apartheid twee keer Suid-Afrikaanse burgerskap geweier. Blum arriveer op die ouderdom van twaalf in Suid-Afrika, en was toe reeds verskeie tale magtig, insluitende Duits en Italiaans. Hy gaan skool in Durban en Johannesburg en studeer daarna by die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Vanaf 1949 werk hy as bibliotekaris in Kaapstad en later in Kroonstad. In 1955 trou hy met Henrietta Cecilia Smit, 'n kunsonderwyser van Stellenbosch. Hy publiseer verskeie artikels en ontvang erkenning vir sy gedigte. In 1956 word hy met die Reina Prinsen Geerligs-prys vir Steenbok tot poolsee bekroon. Hy skryf ook resensies vir Die Burger en vertaal verskeie werke in Afrikaans, onder andere vanuit Frans (werke van Apollinaire, Anouilh en Baudelaire). Een van sy bekendste essays, Hoe ek dekadent geword het, verskyn in die Oktober 1956 uitgawe van Standpunte. Ten spyte van sy baanbrekerswerk ontvang hy nie Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Hy is diep teleurgesteld en draai sy rug op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur, en trek saam met sy vrou na Londen, waar hy in eensaamheid en armoede sterf.
62966
Die NG gemeente Beaufort-Wes, gestig op 16 Mei 1820, is die negende oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en die 12de oudste in die hele Kerk. Hoewel die NG gemeente Somerset-Wes reeds in 1819 gestig is, word Beaufort-Wes se stigtingsdatum tradisioneel as 1819 aangegee en was die gemeente, toe gemeentes tot die middel jare 70 chronologies volgens stigtingsdatum in die Jaarboek van die NG Kerke gelys is, altyd die negende gemeente van die Kaapse Sinode met Somerset-Wes in die tiende plek. Van Beaufort-Wes, wat vanweë sy ouderdom die moedergemeente van al die NG gemeentes in die Wes- en Noord-Kaapse Karoo is, het ses dogtergemeentes afgestig: Prins Albert (1842), Victoria-Wes (1843), Fraserburg (1851), Carnarvon (1874) (waarvan afgestig is: Prieska, Williston, Kenhardt, Upington (hoewel dit buite Sinodale verband gestig is en eers later by die Kaapse Kerk ingelyf is) en gedeeltes van Vosburg, Loxton en Brandvlei en laastens op 22 Junie 1949 op Beaufort-Wes self sowel Gamkavallei as Gamka-Oos op Beaufort-Wes self.
99518
Paradise Cay is 'n nedersetting, 3 km suid van Point San Quentin, in die noordweste van Kalifornië. Dit is 'n nie-geïnkorporeerde enklave wat deur die dorp Tiburon in Marin County omring word. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
287398
Lisa Flanagan is 'n Australiese aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Australian Rules (2002), Look Both Ways (2005), en Strangerland (2015), en in die televisiereeks Glitch (2015). 2002: Australian Rules 2004: Queen of Hearts 2005: Look Both Ways 2015: Strangerland 2015: Dawn 2008: Double Trouble 2012: Redfern Now 2013: The Gods of Wheat Street 2015: Glitch 2007: Hush 2015: Redfern Now: Promise Me 2003: Behind the Scenes of 'Australian Rules' 2003: Australian Rules: Outtakes Lisa Flanagan in die Internet-rolprentdatabasis Lisa Flanagan op Instagram Lisa Flanagan op YouTube
15500
'n Antigeen (Grieks: anti= teen + gennan = vorm) is enige ligaamsvreemde stof wat na inokulasie in die liggaam in staat is om aanleiding te gee tot die vorming van antiliggame. Die is 'n stof wat 'n immuunrespons stimuleer. Antigene is gewoonlik proteïene of polisakkariede, maar kan enige tipe molekule wees, insluitend klein molekule (haptene) wat gebind is aan 'n draer-proteïen. Brink en andere, "Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme" Ontsluit uit en:Antigen Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
117244
Jacobus Johannes (Koos) Venter (distrik Colesberg, Kaapkolonie, 22 Maart 1814 – plaas Broekpoort, Bethulie, Oranje-Vrystaat, 28 Januarie 1889) was ’n Vrystaatse boer, politikus asook stigter van die Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat en leier in dié kerkverband. Hy was 'n lid van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat, voorsitter van die Saamgestelde Kommissie vir die Bestuur van die Regering in 1855 en het gedien as Waarnemende Staatspresident in 1859 tot 1860 en weer van 1863 tot 1864. Met uitsondering van 'n kort onderbreking was Venter volksraadslid vir Bloemfontein-distrik en later vir Bethulie van 1854 tot 1881, bes moontlik die langste diens in die Vrystaatse Volksraad. Hy het hom veral onvermoeid vir die landbou beywer en Hollandse taalregte in die Vrystaat warm verdedig. Ook het hy pleidooie gelewer vir 'n nasionale onderwysstelsel vir die behoud van die Hollands-Afrikaanse kultuur en vir die vrywillige beginsel (1867), ingevolge waarvan elke kerk sy eie predikant sonder staatshulp onderhou. Hy was ook bekend vir ondersteuning van alle kerke, ook ander as sy eie, die Gereformeerde.
80761
'n Tragikomedie soos afgelei kan word uit die naam, is 'n tipe drama waarin tragiek en komedie ineengeweef is. Die term word vir dramas van uiteenlopende aard gebruik aangesien daar geen ooreenstemming bestaan oor die elemente ter sake nie. Griekse en Romeinse dramas is normaalweg streng geskei tussen drama en komedie, hoewel sommige van Euripides se dramas in hierdie genre kan val. Aristoteles het die tragedie verkies maar maak wel melding (Poetica: XIII) van populêre dramas waarin die goeie beloon word en die slegte gestraf word. Plautus is die eerste, sover bekend, wat die term tragicocomoedia gebruik het vir sy drama Amphitryon vanweë die feit dat beide karakters van hoë en lae stand daarin opgetree het. Tydens die Renaissance, in Italië met Cinthio as belangrike rolspeler, het die tipe drama meer algemeen geword, veral vanweë die vryer Middeleeuse dramas wat nie deur kritici geïgnoreer kon word nie. Die dramas het in 'n afwisselende mate die komedie en tragedie gemeng maar het altyd op 'n gelukkige einde uitgeloop. Hoewel kritici dit afgekeur het en die tragikomedie in Italië nie goedgekeur is nie is Guarini se invloedryke herderspel Il pastor fid so genoem.
334
Tshwane is vanaf 5 Desember 2000 'n metropolitaanse gebied in Gautengprovinsie, Suid-Afrika, wat die stad Pretoria insluit. Dit bestaan uit 13 voormalige stads- en dorpsrade, en word bestuur deur 'n besturendeburgemeesterstelsel. Die munisipale gebied beslaan 6 298 km2, en het 'n bevolking van nagenoeg 2,364 miljoen mense. Die naam is afkomstig van die oorspronklike naam wat deur die eerste Ngunisprekende nedersetters (wat later as die Ndebele bekend was) aan die rivier gegee is wat deur die area vloei. Hulle het dit vernoem na een van hulle stamhoofde, Tshwane, vanaf die Ndebelewoord vir "klein aap". Die naam Tshwane word soms ook gebruik as 'n alternatiewe naam vir die stad Pretoria self, alhoewel Pretoria nog nie teen 2017 hernoem is nie. Tshwane bestaan uit die volgende areas: Ga-Rankuwa (Gestig in 1961 na geforseerde verskuiwings binne die area. Dit is vernoem na een van die Bakgatla hoofmanne, Rankuwa Boikhutso.) Centurion (voorheen Verwoerdburg), insluitend Laudium en Olievenhoutbosch. Temba (Gestig in 1940 na gedwonge verskuiwings.) Mabopane (Gestig in 1969.) Winterveld Die gebied van die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur.
57494
Philippi is 'n township in Kaapstad, Wes-Kaap. Volgens die 2011-sensus het Philippi 'n bevolking van 200 603 gehad. Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Philippi ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel. Hoofplek Philippi 2011-sensus "South Africa is deploying the army to fight crime – here's how the murder rate compares to an actual war zone". BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 12 Julie 2019. "Weermag in Wes-Kaap 'goeie korttermynoplossing'". Maroela Media. 19 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 19 Junie 2019. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
250560
Hugo Maurice Julien Claus (Nederlands:ˈɦyɣoː ˈklʌu̯s; 5 April 1929 – 19 Maart 2008) was 'n toonaangewende Vlaamse skrywer wat onder sy eie naam gepubliseer het sowel as onder verskeie skuilname. Claus se literêre bydrae deurkruis die genres van drama, die roman, en ook poësie. Hy het ook 'n beduidende erfenis gelaat as 'n skilder en rolprentregisseur. Hy het meestal in Nederlands geskryf. Sy dood by wyse van eutanasie, welke wettig is in België , het tot aansienlike konsternasie gelei. Hugo Claus is op 5 April 1929 in Sint-Janshospitaal in Brugge, België gebore. Hy was die oudste van vier seuns van wie die vader Jozef Claus was en die moeder Germaine Vanderlinden. Jozef het gewerk as 'n drukker, maar was ook gaande oor teater. Hugo het skoolgegaan aan 'n kosskool en die Duitse okkupasie van België tydens die Tweede Wêreldoorlog meegemaak. Die ondervinding sou 'n formatiewe rol speel in Claus se ontwikkeling, en sou later deur Claus aangepas word tot sy semi-outobiografiese roman Het verdriet van België.
190998
Wagwoord 'n Wagwoord is 'n woord of tekenreeks wat gebruik word vir gebruikerverifikasie om identiteit te bewys, of toegangsgoedkeuring tot 'n hulpbron te verkry. 'n Wagwoord moet geheim gehou word van diegene wat nie toegelaat word nie. In moderne tye word gebruikername en wagwoorde gewoonlik gebruik deur mense tydens 'n aanmeldproses wat toegang beheer na beskermde rekenaarbedryfstelsels, selfone, TV-dekodeerders, OTM'e, ens. Ten spyte van die naam, is dit nie nodig vir wagwoorde om woorde te wees nie. Wagwoorde kan bestaan uit enige karakters. Wagwoorde wat slegs bestaan uit syfers is ook bekend as 'n wagkode, wagsleutel, of PIN (persoonlike identifikasienommer), soos dié wat gewoonlik gebruik word by 'n OTM. Meeste organisasies het 'n wagwoordbeleid wat vereistes stel vir die samestelling en gebruik van wagwoorde. Tipies sluit dit die volgende in: minimumlengte, vereiste kategorie (bv. hoof- en kleinletters, syfers, en spesiale karakters), verbode elemente (bv. eie naam, geboortedatum, adres, telefoonnommer). Sommige regerings het nasionale verifikasieraamwerke met vereistes vir gebruikerverifikasie vir regeringsdienste, insluitend vereistes vir wagwoorde.
195846
Poecillastra is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Poecillastra antonbruunae (Carvalho, Desqueyroux-Faúndez & Hajdu, 2011) Poecillastra ciliata (Wilson, 1925) Poecillastra compressa (Bowerbank, 1866) Poecillastra crassiuscula (Sollas, 1886) Poecillastra cribraria (Wilson, 1904) Poecillastra cumana (Vosmaer, 1894) Poecillastra eccentrica (Dendy & Burton, 1926) Poecillastra fragilis (Vosmaer, 1894) Poecillastra incrustans (Sollas, 1888) Poecillastra japonica (Thiele, 1898) Poecillastra laminaris (Sollas, 1886) Poecillastra maremontana (Carvalho, Desqueyroux-Faúndez & Hajdu, 2011) Poecillastra rickettsi (De Laubenfels, 1930) Poecillastra rudiastra (Pulitzer-Finali, 1983) Poecillastra saxicola (Topsent, 1892) Poecillastra schulzei (Sollas, 1886) Poecillastra sinetridens (Carvalho, Desqueyroux-Faúndez & Hajdu, 2011) Poecillastra stipitata (Lévi, 1993) Poecillastra symbiotica (Topsent, 1902) Poecillastra tenuilaminaris (Sollas, 1886) Poecillastra tenuirhabda (Lendenfeld, 1907) Poecillastra tuberosa (Lévi, 1964) Poecillastra wondoensis (Sim & Kim, 1995) Nieaanvaarde spesies (WoRMS): Poecillastra amygdaloides -> Nethea amygdaloides Poecillastra nana -> Nethea nana
7609
Bariloche (amptelik: San Carlos de Bariloche) is 'n gewilde vakansieoord met 108 000 inwoners in die provinsie Río Negro (Argentinië), in die hart van die Nasionale Nahuel Huapi-park en aan die oewer van die Nahuel Huapi-meer. Die stad het 'n sterk Sentraal-Europese voorkoms, aangesien die voorvaders van baie inwoners van Duitsland, Switserland en Noord-Italië afkomstig is. Sowel die stedelike argitektuur met sy Switserse chalets asook die ekonomie, wat sterk op die toerisme, sjokolade- en keramieknywerheid steun, getuig van hierdie invloed. Die sjokoladebedryf is nog steeds in die hande van 'n aantal Italiaanse families; hul ondernemings in die binnestad van Bariloche staan oop vir besoekers. Die gebied van die Nahuel Huapi-meer is ná die woestynveldtog van generaal Julio A. Roca teen die einde van die 19de eeu deur setlaars gekoloniseer. Die Texaanse cowboy Jarred Jones en die Duitse immigrant Carlos Wiederholt het onafhanklik van mekar twee nedersettings gestig. San Carlos de Bariloche is amptelik in 1902 gestig en het aanvanklik as 'n sentrum vir die handel met Suid-Chili gedien.
2966
Die jaar 840 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 40ste jaar van die 9de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 19 Januarie – Michael III, keiser van die Bisantynse Ryk († 867). Onbekend – Pous Johannes IX in Tivoli, Italië, die 116de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 900). Onbekend – Pous Theodorus II, die 115de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 897). Onbekend – Richardis, die vrou van Keiser Karel III († 900) 14 Maart – Einhard, 'n Frankiese geleerde, kunsdeskundige en skrywer (* circa 770) 20 Junie – Lodewyk die Vrome, koning van die Franke (* 778).
3614
Die jaar 296 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 3de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 30 Junie – Pous Marcellinus volg Pous Gajus op. 22 April – Pous Gajus, die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
306614
Die Nieuwoudtville-tolbos (Leucadendron remotum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Noord-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveld-eskarp suid van Nieuwoudtville. Die struik word 1.7 m hoog en blom van Augustus tot September. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur die werking van klein kewers bestuif word. Die plant groei op hellings op hoogtes van 680 tot 860 m. In Engels staan dit as die Nieuwoudtville conebush bekend. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=794-110 http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/leucadendron_remotum.htm https://www.proteaatlas.org.za/coneid.htm https://www.proteaatlas.org.za/PROTEA_ATLAS_main_part5.pdf
286118
Joyce Hilda Banda (née Mtila; gebore 12 April 1950) is 'n Malawiese politikus wat van 7 April 2012 tot 31 Mei 2014. die president van Malawi was. Sy is die stigter en leier van die People's Party, wat in 2011 tot stand gekom het. Sy was 'n opvoeder en 'n voormalige vroueregte-aktivis en was vanaf 2006 Minister van Buitelandse Sake. tot 2009 en vise-president van Malawi van Mei 2009 tot April 2012. Banda neem die amp aan as president na die skielike dood van president Bingu wa Mutharika. Sy was die vierde president van Malawi en die eerste vroulike president en tweede vroulike staatshoof ná Elizabeth II. Banda was die tweede vrou wat president op die vasteland van Afrika geword het. Voordat sy president geword het, het sy as die eerste vroulike vise-president van die land gedien. Voordat sy president van die Republiek Malawi geword het, het sy in verskillende rolle gedien as 'n parlementslid, minister van geslag en kinderwelsyn en as minister van buitelandse sake.
372320
Watsonia rogersii is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en vorm deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Hottentots-Hollandberge, Kogelberg en ooswaarts tot by Hermanus en die Riviersonderendberge naby Villiersdorp. Daar is tien subpopulasies bekend waarvan vier in natuurreservate is en dus beskerm word. Die subpopulasies buite die reservate word bedreig deur indringerplante, landbou en stedelike ontwikkeling. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1557-67 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:441981-1
129232
Witbloedselle, ook bekend as leukosite, is die selle van die immuunsisteem wat die liggaam teen kieme beskerm. Alle witbloedselle ontwikkel uit hematopoietiese selle: multipotente selle (selle wat in verskillende seltipes kan ontwikkel) in die beenmurg. Witbloedselle kom oral in die liggaam voor, veral in die bloed en limfstelsel. Daar word drie verskillende soorte wit bloedliggaampies (Ieukosiete) onderskei, naamlik granulosiete, limfosiete en monosiete. Granulosiete word weer onderverdeel in neutrofiele, basofiele en eosinofiele. Witbloedselle is fagosities, wat beteken dat hulle die vermoë het om bakterieë op te neem en dit dan te verteer of te vernietig. Witbloedselle speel ook 'n belangrike rol in die vorming en verspreiding van teenliggame in die bloed. Witbloedselle verhoed dat bakterieë in die liggaam versprei aangesien hierdie bloedliggaampies in groot hoeveelhede by chroniese letsels versamel. In 'n kubieke millimeter bloed is daar sowat 8 000 witbloedselle, dus heelwat minder as die aantal rooibloedselle. Ten spyte hiervan moet die beenmurg baie meer witbloedselle as rooibloedselle vervaardig omdat die witbloedselle nie baie lank lewe nie. Witbloedselle het geen vaste vorm nie en diffundeer maklik deur die wande van die haarbloedvate sodat dit tussen die selle kan rondbeweeg.
224797
Nuwe aarde is ’n uitdrukking wat in die Bybel gebruik word om die finale toestand van die verloste mensdom te beskryf. Dit kom voor in Jesaja 65:17 en 66:22, 2 Petrus 3:13 en Openbaring 21:1. Dit is een van die sentrale leerstellings van die Christelike eskatologie; in die geloofsbelydenis van Nicea word daarna verwys as "die toekomstige bedeling". In die 21ste hoofstuk van Openbaring word die finale toestand van perfektheid onthul waar, volgens een kommentator, "kosmiese tyd in ewigheid verander is". In simboliese en visuele taal laat God Johannes die glorie en skoonheid van sy volk se erfenis sien. Die eerste ding wat ’n mens lees, is die visioen dat dit "’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde" insluit (21:1). Om te verstaan wat die Bybel oor die ewigheid leer, moet ’n leser van Openbaring die leerstelling van die Nuwe Testament ken van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Dit verskil basies van die beloftes van die Ou Testament deurdat dit in Openbaring ook ’n ontologiese waarde het (Openbaring 21:1;4: "Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien.
5457
Kroasië (Hrvatska [xř̩ʋaːtskaː]), amptelik die Republiek Kroasië (Kroaties: Republika Hrvatska luister (hulp·inligting)), is ’n klein land tussen die Middellandse See en Sentraal-Europa. Sy staatsgebied strek van die voetheuwels van die Juliaanse Alpe in die noordweste tot die Pannoniese Vlakte in die ooste, oor die Dinariese Alpe in sy sentrale gedeelte tot die kusgebied van die Adriatiese See in die suide. Vanaf die einde van die Eerste Wêreldoorlog was Kroasië een van die republieke van die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië, maar het sy onafhanklikheid ná die ontbinding van die SFR Joego-Slawië in 'n bloedige oorlog herwin. Kroasië se hoofstad en grootste stad is Zagreb. Ander stede sluit in: Dubrovnik, Rijeka, Split, Pula, Osijek en Vukovar. Kroasië beslaan sowat 56 594 km² en het ’n uiteenlopende, hoofsaaklik kontinentale en Mediterreense klimaat. Dit het meer as duisend eilande aan die Adriatiese kus. Die meeste van Kroasië se 4,08 miljoen inwoners is etniese Kroate, met klein minderhede Serwiërs. Die hoofgodsdiens is Katolisisme. Die Kroate het in die vroeë 7de eeu in die hedendaagse Kroasië aangeland.
122231
Hierdie artikel handel oor die stad in Skotland. Vir ander gebruike, sien Dundee (dubbelsinnig). Dundee ([dʌnˈdiː]; Skots-Gaelies: Dùn Dè [ˈt̪uːn tʲeː]), amptelik City of Dundee, is Skotland se vierde grootste stad en die 51ste mees bevolkte stedelike gebied in die Verenigde Koninkryk, met 'n bevolking wat teen die middel van 2016 op 148 270 beraam is. As Dundee City vorm die stad een van 32 raadsgebiede of council areas waarin Skotland vir administratiewe doeleindes verdeel is. Dundee is 40 myl (64 km) noord van Edinburg in die oostelike Skotse Laagland aan die noordoewer van die Firth of Tay geleë, 'n see-inham wat die stad met die Noordsee verbind. Die stadsgebied strek vanaf die Tay tot die Dundee Law, 'n vulkaniese prop met 'n hoogte van 571 voet (174 meter) bo seevlak. Die oudste historiese verwysing na Dundee dateer uit die laat 12de of vroeë 13de eeu toe aan Dundee die status van royal burgh of koninklike nedersetting toegeken is. In die volgende vyf eeue is Dundee verskeie kere deur Engelse magte ingeneem en geplunder.
19726
Die vlag van Engeland is die Sint Joriskruis. Die rooi kruis het in die Middeleeue en in die Kruistogte as ’n embleem van Engeland verskyn en is een van die vroegste embleme wat Engeland verteenwoordig het. Dit het die status van nasionale vlag van Engeland verwerf tydens die 16de eeu. Sint Joris het die beskermheilige van Engeland geword in die 13de eeu en die legende van Sint Joris wat ’n draak dood gemaak het dateer uit die 12de eeu. Soos die vlag van Engeland toon die vlag van Georgië ’n rooi Sint Joriskruis op ’n wit agtergrond, maar laasgenoemde verskil deur die gebruik van vier Bolnur-Katskhuri-kruise in elk van die kwadrante. Vlag van Georgië Vlag van die Verenigde Koninkryk Vlag van Skotland (en) Engeland (Verenigde Koninkryk); by Flags of the World; (ca. 1996 – hede) (en) Engeland by Flags of the World (en) "Flag of England". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Mei 2019. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
8490
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Pole (volk). Die Poolse taal (Pools: język polski, polszczyzna [ˈpɔlski]) maak deel uit van die Lechitiese groep van die Wes-Slawiese tale, 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Dit is nou verwant aan Kasjoebies, Tsjeggies, Slowaaks en Sorbies en tans die mees gesproke Slawiese taal naas Russies. Pools is die amptelike taal van Pole asook een van die ampstale van die Europese Unie. Naas sowat 38 miljoen Poolssprekendes in Pole is daar tussen 1,5 en 2 miljoen sprekers in die buiteland (sommige akademiese bronne noem hoër syfers van tot agt miljoen). Groot minderhede van Poolssprekendes word in Oos- en Noordoos-Europese lande soos Rusland, Litaue, Belarus, Oekraïne en Tsjeggië aangetref, maar ook in immigrantegemeenskappe in Kanada, Ierland, Argentinië en Australië. Daar is beduidende Poolse minderhede in die Verenigde State waar sowat 670 000 Poolssprekendes hulle gevestig het, asook in Duitsland, Brasilië, Frankryk en die Verenigde Koninkryk.
56494
Die Suid-Afrika-Wet is die wet waardeur die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het en het bepaal dat die eenwording van die vier Britse kolonies in Suid-Afrika moes plaasvind binne 'n jaar na die aanname van die wet in 1909. Dit het gevolg op die Nasionale Konvensie van 1908 tot 1909 waar verteenwoordigers van die Kaap en Natal en die voormalige Boere-republieke die wetsontwerp opgestel het wat die land tot 'n selfregerende dominium binne die Britse Statebond sou verenig. Dit het beteken die Kaapkolonie, Natal, Transvaal en Oranjerivier-kolonie sou van 'n bepaalde dag in 1910 af nie meer elk 'n eie regering hê nie, maar sou geregeer word deur die regering en parlement van die nuwe, verenigde staat, die Unie van Suid-Afrika. Die Britse koning sou 'n dag afkondig waarop hierdie verandering in Suid-Afrika sou plaasvind. Die dag was 31 Mei 1910, tot op die dag agt jaar ná die ondertekening van die Vrede van Vereeniging en uiteindelik ook presies 51 jaar voor republiekwording in 1961.
39199
Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse sokkerklub. Vir die Britse musiekgroep, sien Kaiser Chiefs. Kaizer Chiefs is 'n Suid-Afrikaanse sokkerklub wat op 7 Januarie 1970 in Soweto, Johannesburg gestig is. Die span se bynaam is Amakhosi, wat "here" of "kapteine" in Zoeloe beteken. Hulle speel gewoonlik hulle tuiswedstryde by die FNB-stadion of by die Ellis Park-stadion. In terme van sukses is die klub sonder twyfel die grootste sokkerklub in die land. Dit is ook die klub met die meeste aanhangers — na raming het hulle meer as 16 miljoen ondersteuners in Suid-Afrika en in die nabye Botswana, Zimbabwe en Zambië. Kaizer Chiefs ondervind strawwe mededinging van die ander span uit Soweto, Orlando Pirates. Die Soweto Derby tussen die twee spanne is een van die bekendste derbies in Afrika. Kampioen van Suid-Afrika (11) 1973/74, 1975/76, 1976/77, 1978/79, 1980/81, 1983/84, 1988/89, 1990/91, 1991/92 2003/04, 2004/05 Suid-Afrika Beker (1) 1971, 1972, 1976, 1977, 1979, 1981, 1982, 1984, 1987, 1992, 2000, 2006 (naaswenner (5): 1975, 1978, 1988, 1993, 1999) CAF Bekerwennerbeker (1) 2001 CAF Superbeker (naaswenner (1): 2001) Kaizer Motaung Bernard Parker Siphiwe Tshabalala Kaizer Chiefs se amptelike webwerf
28235
Stavanger [staˈvaŋər] is die vierde grootste stad in Noorweë met 'n oppervlakte van 71,4 vierkante kilometer en 'n bevolking van 127 506 (soos op 1 Januarie 2012). Die metropolitaanse gebied van Stavanger-Sandnes is die derde grootste in die land met 181 300 inwoners. Stavanger lê op 'n skiereiland in die noorde van die tradisionele Jæren-distrik in die Wes-Noorse provinsie (fylke) Rogaland en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Stavanger het al vroeg 'n belangrike rol in die Noorse geskiedenis gespeel. Naby die Hafrsfjord het koning Harald I Hårfagre in 872 'n oorwinning oor sy mededingers behaal en die Koninkryk van Noorweë sodoende verenig. Die stad het sy ekonomiese welvaart oorspronklik aan olyfolie te danke gehad - dit was sedert die vroeë 20ste eeu 'n belangrike bestanddeel vir ingeblikte sprotte en het van Stavanger sowat 'n eeu lank 'n beduidende sentrum van die visverwerkingsbedryf gemaak. Nadat die Amerikaanse oliemaatskappy Phillips in 1969 Ekofisk, die destyds grootste olieveld van Europa sowat 300 kilometer voor die Suidwes-Noorse kus met tans omstreeks dertig olieplatforms ontdek het, is Stavanger se ekonomie deur die oliebedryf oorheers, en die stad staan intussen as die "Oliehoofstad van Noorweë" bekend.
45089
Die vlag van die Outonome Spaanse stad van Ceuta is ongeveer in 1415 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n girovorm in agt driehoeke van swart en wit met die stadswapen in die middel van die vlag. Die girovorm van die vlag is identies aan die vlag van Lissabon om die verowering van die stad deur die Portugese in 1415 te herdenk. Die stad was ’n deel van die Portugese Ryk tot 1640, waarna daar besluit is dat die stad by Spanje sou bly. Die stad se wapenskild is dus basies presies dieselfde as dié van die Portugese Koninkryk met sewe kastele en vyf skilde met silwer sierskywe. Variasie van die vlag, sonder die stadswapen Seevaartvlag van Ceuta (en) Ceuta by Flags of the World. Vlae van Spaanse deelgebiede
29895
Havana (Spaans: La Habana) is die hoofstad van Kuba. Die stad is op 25 Augustus 1515 deur die Spanjaarde onder Diego Velázquez de Cuéllar as Villa de San Cristóbal de La Habana gestig en op 16 November 1519 tot die huidige plek geskuif. Koning Filips II van Spanje het op 20 Desember 1592 stadstatus aan Havana verleen. Tydens die Spaanse koloniale bewind was Havana die belangrikste hawestad in die Amerikas. Met 'n bevolking van 2 135 498 is Havana die grootste stad van Kuba asook van Wes-Indië. Die stad is in die noordoostee van die eiland aan die kus van die Golf van Meksiko net 150 kilometer suid van Florida geleë. Die oustad La Habana Vieja en die Spaanse vesting is in 1982 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Havana. (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy
33366
Die Paryse Metro (Frans: Métro de Paris) is 'n openbare vervoerstelsel wat die Franse hoofstad, Parys, en die omliggende stedelike gebied bedien. Dit bestaan uit 16 lyne wat hoofsaaklik ondergronds loop en altesaam 214 kilometer lank is. Dié moltreinstelsel, wat 'n simbool van Parys geword het, word gekenmerk deur die digtheid van sy netwerk in die middestad van Parys en sy homogene argitektoniese styl wat sterk deur die Art Nouveau-beweging beïnvloed is. Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig. Dit is 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig. Die netwerk is daarna tot met die Tweede Wêreldoorlog vinnig in die middestad van Parys uitgebrei. Na 'n tussenpose tydens die décennies voitures (motordekades) (1950–1970), is verskeie bestaande lyne verleng tot die nabygeleë banlieue (woonbuurte). Dié keuse het die ontwerp met sy geringe afstand tussen stasies en verminderde kapasiteit van die waens beïnvloed en dit beperk vandag die uitbreiding van die netwerk.
29510
Boegoe (Agathosma betulina) is 'n Suid-Afrikaanse plant met medisinale eienskappe. Dit was histories as medikasie vir die urienweg en wonde gebruik. Dit word ook as geurmiddel vir tee, lekkergoed en selfs drank (dink byvoorbeeld aan boegoebrandewyn) aangewend. Die Hollanders het dit van die San of die Khoi leer ken. In die VOC se tyd was dit al in Europa bekend, maar dit was baie duur en net ryk mense kon dit gebruik. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir boegoe. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
15723
'n Aandeel is die eiendomstitel van enige onderneming, alhoewel daar meer spesifiek na die eiendomstitel van maatskappye verwys word.. Die besitters van die aandele van 'n onderneming word saam die aandeelhouers genoem en is gesamentlik die eienaars van die onderneming. Aandele het deurgaans geen vervaldatum nie en is 'n belangrike manier waarop ondernemings beleggingskapitaal verkry. Indien die eienaar van die aandele sy geld terug verlang, dan moet hy sy aandele verkoop teen 'n prys wat tussen die koper en verkoper ooreengekom word of teen 'n koers wat op die betrokke effektebeurs vasgestel is. Aandele gee die eienaar nie die reg op 'n vaste inkomste (rente) nie, aangesien dit nie geleende geld is soos in die geval van skuldbriewe is nie. Die inkomste wat uit 'n aandeel verdien word (die globale inkomste of die opbrengs) bestaan uit twee komponente: die waardevermeerdering uit die kapitaalgroei en die dividend. Die waardevermeerdering op die aandeel is die prysskommelinge vanaf die beskikbaarstelling van die kapitaal (oftewel die aankoop van die aandeel vanaf 'n bestaande aandeelhouer) en die terugtrekking van die kapitaal (die verkoop daarvan).
12601
Winnipeg is die hoofstad en grootste stad van die Wes-Kanadese provinsie Manitoba met 633 451 inwoners in die stad (2006) en 739 000 (of twee derdes van die provinsiale bevolking) in die metropolitaanse gebied. Winnipeg staan bekend as die Poort na die Weste (Gateway to the West) en speel 'n belangrike rol as nywerheid-, vervoer-, landbou-, finansiële en onderwyssentrum. Winnipeg lê naby die geografiese middelpunt van Noord-Amerika, in 'n oorstromingsvlakte digby die samevloeiing van die Red- en Assiniboineriviere, en in die oorgangsgebied tussen die uitgestrekte woudgebiede van die Kanadese Skild en die oop graslandskappe van die Groot Vlaktes. Met die voltooiing van die spoorweg tussen Winnipeg en die Kanadese ooste in 1885 het die stad 'n vinnige ekonomiese opswaai beleef. Die bevolking het van 25 000 in 1891 tot 540 000 in 1971 gegroei. Dit was byna 'n eeu lank die snelste groeiende stad in die Groot Vlaktes van Kanada, en eers met die ontdekking van olievelde in Alberta in 1947 het Calgary en Edmonton tot die twee beduidendste groeisentra ontwikkel wat Winnipeg in 1976 as grootste metropole in die Groot Vlaktes verbygesteek het.
88269
Die appendiks is 'n buis wat aan die blindederm verbind is en waaruit dit in die embrio ontwikkel. Die blindederm is 'n sakvormige struktuur van die dikderm. Die appendiks is geleë naby die aansluiting van die dunderm met die dikderm. Die menslike appendiks word beskou as 'n vestigiale struktuur, wat deur evolusie die grootste deel van sy oorspronklike funksie verloor het. Die wurmvormige appendiks is moontlik 'n verkleinde oorblyfsel van die blindederm wat in antieke voorvaders van die mens teenwoordig was. Blindederms word in dele van die spysverteringstelsel van die meeste huidige herbivore aangetref. Dit huisves mutualistiese bakterieë wat diere help om die sellulose-molekules, wat algemeen in plante voorkom, te verteer. Ons menslike voorouers kon op hierdie stelsel staatgemaak het toe hulle van 'n dieet wat ryk was aan blare geleef het. Toe mense begin om maklik verteerbare voedsel te eet, kon hulle minder afhanklik geword het van sellulose-ryk plante vir energie. Soos die blindederm minder nodig vir vertering geword het, het mutasies oor miljoene jare waarskynlik daartoe gelei dat die appendiks gekrimp het. "Animal Structure & Function". Sci.waikato.ac.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2012.
54567
Noordhoek is 'n voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika, geleë onder Chapmanspiek aan die weskus van die Kaapse Skiereiland, ongeveer 35 km suid van die stad self. Die naam "Noordhoek" is geneem uit Nederlands. Dit is die beste bekend vir sy skilderagtige kuslyn en sy lang, wye, sanderige strand, wat suid strek na die naburige dorp van Kommetjie. Naby die suidelike einde van die strand lê die wrak van die stoomskip Kakapo, wat sowat 'n eeu gelede gestrand het, toe die kaptein van die skip Chapmanspiek vir die Kaap van Goeie Hoop aangesien het en die stuur na bakboord gerol het. Noordhoek kan bereik word óf uit die skouspelagtige natuurskoonkuspad van Chapmanspiek, wat lei uit Houtbaai; of via die bergpad Ou Kaapseweg wat deur die pragtige Silwermyn Natuurreservaat loop - nou deel van die Tafelberg Nasionale Park. Noordhoek is 'n klein gemeenskap van verspreide mooi huise, dikwels met 'n uitsig oor die see. Dit het 'n groot perdebevolking aangesien pretritte op die lang strand 'n groot trekpleister is. Baie kunstenaars woon ook in Noordhoek.
47987
Die Eurovision-sangfees (Engels: Eurovision Song Contest, ESC; Frans: Concours Eurovision de la Chanson; vroeër: Grand-Prix Eurovision de la Chanson européenne) is 'n sangkompetisie wat sedert 24 Mei 1956 jaarliks in die Europese Uitsaai-unie (EBU) aangebied word. Die kompetisie is gegrond op die bestaande Sanremo Musiekfees sedert 1951 in Italië. Van die beroemde vorige wenners sluit in ABBA (wat Swede verteenwoordig het) en Céline Dion (alhoewel sy Kanadees is, het sy Switserland verteenwoordig). Die sangfees word op televisie in die hele Europa uitgesaai. Sedert 1967 word die fees ook in lande buite Europa uitgesaai. Dit kan ook op die internet gevolg word. Nota: In 1969 het vier lande gesamentlik gewen omdat geen reëls vir 'n gelykop uitslag bestaan het nie. (en) Amptelike webwerf van die Eurovision-sangfees (en) Inligting oor deelnemers en nasionale finale (en) Eurovision-sangfees op YouTube
94578
Mandaryns (Vereenvoudigde Chinees: 官话, Tradisionele Chinees: 官話, pinyin: Guānhuà, letterlik: "taal van die beamptes"), ook Hoog-Chinees of Mandaryn-Chinees genoem, is 'n groep van verwante variëteite van Chinees wat in die meeste van die noorde en die suidweste van China gepraat word. Omdat die meeste Mandarynsdialekte in die noorde gepraat word, word die groep ook Noordelike dialekte (北方话, běifānghuà) genoem. Indien die Mandarynsgroep as een taal gereken word, soos dikwels in akademiese literatuur, het dit meer moedertaalsprekers (byna 'n miljard) as enige ander taal ter wêreld. Soms word die Jin-dialek by Mandaryns ingereken. Mandaryns is die amptelike taal van die Volksrepubliek China en die Republiek China, een van die amptelike tale van Hongkong (saam met Engels en Kantonees), Macau (saam met Kantonees en Portugees) en Singapoer (saam met Engels, Maleis en Tamil). Daarbenewens vorm Mandaryns saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies. Mandaryns word met Chinese karakters geskryf. "Världens 100 största språk 2010".
293734
Rosalind Speirs (gebore 1951) is 'n Australiese aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Silent Number (1974), Power Without Glory (1976), Heidi (1978), en Prisoner (1979). 1975: The Love Epidemic 1974: Silent Number 1976: Power Without Glory 1978: Heidi 1979: Prisoner 1977: End Of Summer Rosalind Speirs in die Internet-rolprentdatabasis
55856
Die Universiteit van Cambridge (ook bekend as Cambridge-universiteit) is 'n universiteit in Cambridge, Engeland. Die universiteit is saam met die Universiteit van Oxford een van die twee beroemdste en oudste universiteite van die Verenigde Koninkryk, wat reeds in die 13de eeu begin is. Die twee universiteite staan gesamentlik as Oxbridge bekend. Cambridge-universiteit bestaan uit sowat 30 aparte kolleges. Die kolleges van Cambridge sluit in: Christ's College (1505) Churchill College (1960) Clare College (1326) Clare Hall (1965) † Corpus Christi College (1352) Darwin College (1964) † Downing College (1800) Emmanuel College (1584) Fitzwilliam College (1966) Girton College (1869) Gonville and Caius College (1348) Homerton College (1976) Hughes Hall (1885) ‡ Jesus College (1496) King's College (1441) Lucy Cavendish College (1965) * ‡ Magdalene College (1428) Murray Edwards College (1954) * Newnham College (1871) * Pembroke College (1347) Peterhouse (1284) Queens' College (1448) Robinson College (1979) St Catharine's College (1473) St Edmund's College (1896) ‡ St John's College (1511) Selwyn College (1882) Sidney Sussex College (1596) Trinity College (1546) Trinity Hall (1350) Wolfson College]] (1965) ‡ *Slegs vir vroue †Slegs vir PhD-studente ‡Slegs vir studente ouer as 21 jaar HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Die kollege is vantevore "New Hall" genoem http://www.cam.ac.uk/ - Die universiteit se Webwerf.
43056
Hans Anton Aschenborn (1 Februarie 1888 – 10 April 1931) was 'n kunstenaar en skrywer bekend vir sy skilderye en illustrasies van diere in Suid-Afrika en Duitsland. Ook sy seun Dieter Aschenborn (15 November 1915 – 11 September 2002) en sy kleinseun Uli Aschenborn (6 September 1947) is al twee bekende diereskilders in Suider-Afrika. Die kuns van die Aschenborns is in galerye, museums en openbare geboue in Namibië te vind. Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating. In die ouer Duitse Thieme-Becker of Saur kunsensiklopedies is oor Hans Anton Aschenborn geskryf en daar is ook ’n verhandeling vir 'n meestersgraad gedoen oor Hans Anton Aschenborns se grafiese werk in die kultuurtydskrif Lantern van 1965 (sien |1| en |2| onder) en 'n doktorale proefskrif. Hans Anton Aschenborn, Sangiro en Pierneef was vriende. Aschenborn het illustrasies gemaak vir Sangiro se 'Uit Oerwoud en Vlakte' en sy 'Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld'. Aschenborn se eie boeke soos 'Onduno und andere Tiergeschichten' en 'Satan und andere afrikanische Erzählungen' is in Afrikaans vertaal.
15847
Klasse is die onderliggende bousteen in Objekgeoriënteerde programmering. Dit is die abstraksie van regte wêreld konsepte. Daar moet egter duidelikke verskil getref word tussen die klas en die konkrete intansie van die klas - die objekte. Klasse kan as die bouplan vir objekte gesien word.
310071
Samuel Pauw (*17 Junie 1936 – †18 Mei 2016) was ’n Suid-Afrikaanse argitek en kunstenaar. Pauw is op 17 Junie 1936 in Germiston in Transvaal gebore as seun van Samuel Pauw en sy vrou (née Heroldt). Hy het twee broers, Koos en Heroldt. Sy opvoeding ontvang hy aan die Pretoria-Oos Laerskool en hy matrikuleer in 1953 aan die Paul Roos Gimnasium te Stellenbosch waar sy vader, Samuel Pauw, professor in Maatskaplike Werk en Sosiologie aan die Universiteit van Stellenbosch was. In sy grootwordjare het sy moeder graag werke van Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Maggie Laubser versamel en hom also aan die kunste bekendgestel. Pauw is doelbewus na skool van Kaapland terug na die Noorde “omdat hy gevoel het dat die erns om die Afrikaner hier dieper gaan”. In 1954 sluit hy hom by die Lëergimnasium aan waarna hy sy studie aan die Universiteit van Pretoria begin en sy B.Arch.-graad in 1961 behaal. Op universiteit het Pauw bewus geword van bekende argitekte soos Frank Lloyd Wright en Le Corbusier. Na sy studies begin hy in 1962 ’n privaatpraktyk.
734
Die jaar 1753 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 24 Februarie – Pous Benedictus XIV verklaar Joseph (Giuseppi) van Cupertino salig. 1 Maart – Swede aanvaar as laaste Wes-Europese land die Gregoriaanse kalender. 25 April – Pous Benedictus XIV verklaar John Liccio salig. 20 Mei – Pous Benedictus XIV verklaar Juliana van Collalto salig. 9 Julie – Pous Benedictus XIV publiseer Sollicita ac provida oor die herorganisasie van die Indeks van Verbode Boeke. 19 September – Pous Benedictus XIV verklaar Gabriel Ferretti salig. 26 November – Pous Benedictus XIV stel 16 nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppe Maria Feroni, titulêr aartsbiskop van Damasco. Die Britse Museum word gestig. Onbekend – Pierre Victurnien Vergniaud, Franse advokaat en politikus († 1793) 5 Augustus – Laurynas Gucevičius, Litause argitek († 1798) 6 Augustus – Francois le Vaillant, 'n Franse voëlkenner, verkenner, versamelaar, avonturier, kunstenaar en skrywer († 1824) 14 Januarie – George Berkeley, Ierse filosoof (* 1685).
14072
Sir Stirling Moss OBE (17 September 1929 – 12 April 2020) was 'n Britse renjaer. Hy was die seun van Alfred Moss wat die veertiende plek behaal het in die Indianapolis 500-wedren van 1924. Moss is in London gebore. Stirling Moss is 'n pionier in die Britse Formule Een-wedrenbedryf en word as een van die beste renjaers beskou wat nooit die Wêreldkampioenskap vir renjaers kon wen nie. Hy het tussen 1955 en 1958 vier keer die tweede plek behaal. Moss het 194 van sy 497 wedrenne tussen 1948 en 1962 gewen, wat 16 Formule Een Grand Prix-oorwinnings insluit. Vir Moss was die manier waarop die stryd gevoer word net so belangrik as die uitslag en sy goeie sportmansgees het hom moontlik die Wêreldkampioenskap gekos toe hy sy teenstander Mike Hawthorn verdedig het toe daar in Portugal oorweeg is om hom weens 'n oortreding te straf. Hawthorn het Moss toe uiteindelik met 'n enkele punt geklop ten spyte daarvan dat hy slegs een wedren gewen het teenoor Moss se vier. In 1962 is Moss ernstig beseer tydens 'n ongeluk in Goodwood in sy Lotus. Hy het goed herstel maar te vroeg terug gekeer tot motorwedrenne.
10046
Lascaux is 'n nedersetting in die département Corrèze (Nieu-Akwitanië, Frankryk). Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lascaux.
50222
.hm is die agtervoegsel van domeinname van webtuistes in die Heard- en McDonaldeilande. Die eilandgroep is onbewoonde en onherbergsaam. Tog het dit (vir onduidelike redes) 'n eie topvlakdomein gekry. Lys van Internettopvlakdomeine ISO 3166-2:HM IANA se inligting
50228
'n Staatsman of staatsvrou is gewoonlik 'n politikus of ander gesiene publieke persoonlikheid wat oor 'n lang en gerespekteerde loopbaan in politiek of regering op nasionale en internasionale vlak beskik. Die toekenning van sodanige eretitel word dikwels oorgelaat aan ondersteuners of kommentatore. Wanneer politici aftree, word dikwels na hulle as ouerstaatsmanne verwys. Staatsmanskap suggereer ook 'n leierskapskwaliteit wat mense organisatories saambring, en van ouerskap, 'n gees van sorgsaamheid jeens andere en vir die geheel. Die woorde staatsman of staatsvrou word losweg toegepas op enige staatshoof, enige senior politieke figuur, of enigeen wat op 'n gegewe oomblik staatsmanskaplike kwaliteite vertoon. Aristoteles – "Van mees dringende belang vir die staatsman is die opbou van 'n sekere morele karakter in sy medeburgers, naamlik 'n toegeneëntheid jeens deugsaamheid en uitvoering van deugsame aksies." Harry S. Truman – "'n Politikus is 'n man wat regering verstaan. 'n Staatsman is 'n politikus wat reeds 15 jaar oorlede is." Henry Kissinger – "Die plig van die staatsman is om die gaping tussen ervaring en visie te oorbrug."
70334
Die Filippynse See (Engels: Philippine Sea, Japannees: フィリピン海, Chinees: 菲律宾海, Tagalog: Dagat Pilipinas) is 'n see van die Stille Oseaan tussen die Japanse eilande Ryukyu, Kioesjoe, Honsjoe en Sjikokoe in die noorde, Palau in die suide, Taiwan en die Filippynse eilande Luzon, Mindanao en Visayas in die weste, die Noordelike Mariana-eilande en Guam in die ooste. Die Filippynse See grens aan die Oos-Chinese See in die noordweste, die Suid-Chinese See in die weste en Celebessee in die suidweste. Die Filippynse See is een van die diepste seë ter wêreld met die Filippynse sloot wat 'n diepte van 11 034 m bereik. Die see het 'n oppervlakte van ongeveer 5 miljien km². "Philippine Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 31 Julie 2017. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Filippynse See. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
69176
Heiveld is ’n nedersetting in die munisipaliteit Wijchen in die provinsie Gelderland in Nederland. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
108026
Johannes Nicolaas de Beer (Graaff-Reinet, 6 Desember 1830 – Smitskraal, Hertzogville (destyds distrik Boshof), 20 Junie 1883) was die eienaar van 'n diamantplaas by Kimberley en die man aan wie die mynmaatskappy De Beers Consolidated Diamond Mines sy naam te danke het. De Beer was die seun van Johannes Nicolaas de Beer en sy vrou, Engela Catharina Kruger. Kleintyd het hy saam met sy ouers tot noord van die Oranjerivier getrek. Niks is meer bekend oor sy vroeë lewe nie, behalwe dat hy aangeneem is as lid van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Rietrivier (tans die NG gemeente Fauresmith) toe di. Andrew Murray sr. en P.K. Albertyn die distrik besoek het. Drie jaar later is hy getroud met Susanna Anetta Elizabeth Steenkamp (Desember 1831 – 8 Mei 1893), dogter van Gerhardus en Wilhelmina Steenkamp. Na bewering was sy vrou 'n mens met 'n sterk wilskrag wat die sakevernuf in die gesin gehad het en deur wie se toedoen hy hom by die Gereformeerde Kerk aangesluit het. Hulle het vyf seuns en vyf dogters gehad.
126356
Dwelmtsaar (Engels: drug czar) is 'n informele term vir die persoon wat die hoof van die dwelmbeheerbeleid in verskeie gebiede is. Dit volg die informele gebruik van die term "tsaar" in die VSA se politiek. Dit is in 1982 die eerste keer gebruik in 'n nuusberig deur United Press International, wat berig het "senatore ... het 62-34 gestem om 'n "dwelmtsaar" aan te stel wat algeheel verantwoordelik vir die VSA se dwelmbeleid is". Sedertdien is verskeie ad hoc- uitvoerende poste in beide die VSA en Verenigde Koninkryk so genoem. Die VSA se eerste dwelmtsaar was Harry J. Anslinger, wat van 1930 tot 1962 gedien het as die eerste kommissaris van die Federale Narkotikaburo, wat deur die Tesourieraad geskep is. Dit was tydens die administrasie van vyf presidente: Hoover, Roosevelt, Truman, Eisenhower en Kennedy. Pogings onder Anslinger om wetgewing in te stel om dagga te verbied, het die volgende ingesluit: 'n poging om ander state sover te kry om soortgelyke dwelmwette aan te neem, die Uniform State Narcotic Drug Act en die Marijuana Tax Act of 1937, wat in effek die dwelm gekriminaliseer en die weg berei het vir ’n daggaverbod.
193972
Craniella longipilis is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Craniella en tot die familie Tetillidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1904 deur Topsent. Van Soest, R. (2011). Craniella longipilis (Topsent, 1904). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=293252. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
257212
Michael York (gebore 27 Maart 1942) is 'n Engelse akteur en vervaardiger.
270196
Igor Davidovich Oistrakh (Oekraïens: Ігор Давидович Ойстрах; Russies: И́горь Дави́дович О́йстрах; gebore op 27 April 1931) is 'n Russiese violis. Oistrakh was in Odessa, Oekraïne (toe deel van die Sowjetunie) gebore en is die seun van Tamara Rotareva en die violis David Oistrakh. Hy het die Sentrale Musiekskool in Moskou bygewoon en sy konsertbuiging in 1948 gemaak. Van 1949 tot 1955 het hy by die Moskou Staat Tsjaikofski Konservatoria gestudeer en in 1949 die Internasionale Vioolkompetisie in Boedapest gewen asook die Henryk Wieniawski Vioolkompetisie in Poznań in 1952. Hy het daarna in 1958 by die fakulteit van die Konservatoria aangesluit en in 1965 'n lektor daar geword. Oistrakh hou sedert 1996 die pos van Professor van die Koninklike Konservatoria van Brussel. Oistrakh het gereeld internasionaal as beide solis, in gesamentlike uitvoerings met sy vader, of met sy vader as dirigent, opgetree. Hy is bekend om sy nugtere en modernistiese interpretasies. Die asteroïde 42516 Oistrach is ter ere van hom en sy vader vernoem. Igor Oistrakh - Biography. Britannica.com Igor Oistrakh. AllMusic.com Igor Oistrakh (Viool, dirigent). Bach Kantates Webtuite
126225
Ontvlugting of wêreldontvlugting (Engels: escapism) is die vermyding van onaangename, vervelige, inspannende, vreesaanjaende of banale aspekte van die daaglikse lewe. Dit kan gebruik word as ’n term wat die stappe definieer wat mense neem om hardnekkige gevoelens van depressie of algemene hartseer te help verlig. Hele nywerhede het ontstaan om die groeiende neiging te voed van mense om hulle uit die alledaagse lewe met sy vereistes te verwyder – en veral na die digitale wêreld te ontsnap. Baie bedrywighede wat deel van die alledaagse lewe is (soos eet, slaap, oefening en seks) kan ook maniere van wêreldontvlugting wees as dit oordoen word of buite verband beoefen word; daarom het die woord "ontvlugting" dikwels ’n negatiewe betekenis, wat daarop dui dat ontvlugters ongelukkig is en nie die vermoë of wil het om betekenisvolle aansluiting by die wêreld te vind en te doen wat algemeen verwag word nie. Baie mense bevraagteken egter die idee dat ontvlugting fundamenteel en uitsluitend negatief is. C.S. Lewis het graag met humor opgemerk die algemene vyande van ontvlugting is tronkbewaarders; hy het gevoel as dit binne perke toegepas word, kan ontvlugting dien as beide ’n verfrissing en uitbreiding van die verbeelding.
241667
Sandy Allen (18 Junie 1955 – 13 Augustus 2008) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Fellini's Casanova (1976) en Being Different (1981), en in die televisiereeks The World's... and Me (2008). 1976: Fellini's Casanova 1981: Being Different 2008: The World's... and Me 2007: Inside Extraordinary Humans: The Science of Gigantism Sandy Allen in die Internet-rolprentdatabasis
293819
Martin Dingle-Wall (gebore 22 Julie 1971) is 'n Australiese akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Strangerland (2015), All That Jam (2016), Happy Hunting (2017), en Gun Shy (2017). 2008: Doing Dungog 2009: The Makeover 2010: The Nothing Men 2015: Strangerland 2016: All That Jam 2016: Get a Life 2017: Happy Hunting 2017: Gun Shy Winter in Budapest 2010: Cops LAC 2014: Hush the Series 2018: First List Visioneering: Forward Thinkers of the World Martin Dingle-Wall in die Internet-rolprentdatabasis
13939
'n Genus (meervoud: genera of genusse; ook soms geslag genoem) is 'n taksonomiese groepering wat uit een of meer spesies bestaan; as daar meer as een spesie in 'n genus is, sal die spesies morfologiese eienskappe deel wat groter ooreenkomste met mekaar toon as spesies van ander genera. In die benamingskodes vir bionomiale name wat wêreldwyd in gebruik is, bestaan die naam van 'n organisme uit twee dele: die genusnaam (dit begin altyd met 'n hoofletter) en spesienaam. Albei name is kursief. 'n Voorbeeld is Homo sapiens, die naam vir die menslike spesie, wat tot die genus Homo behoort. Sien die artikel oor wetenskaplike klassifikasie vir meer besonderhede oor hierdie stelsel. 'n Genus in een koninkryk kan 'n naam hê wat in 'n ander koninkryk vir 'n genus of ander takson gebruik word. Al word dit deur die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings en die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante ontmoedig, is daar 5 000 sulke name wat in meer as een koninkryk gebruik word.
81385
Die Andaman-eilande (Engels: Andaman Islands) is 'n eilandgroep in die Indiese Oseaan en vorm saam met die suidelike Nicobar-eilande die Indiese uniegebied Andaman- en Nicobar-eilande. Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 343 125 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 8 249 km². Die hoofstad, Port Blair, het 'n bevolking van 100 608 in 2010 gehad. Die Andaman-eilande is oos van die Indiese subkontinent, in die suidweste van Mianmar en in die weste van Thailand tussen die Golf van Bengale in die weste en die Andamanse See in die ooste geleë. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
758
Die jaar 1717 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 17de jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gross-Friedrichsburg aan die Wes-Afrikaanse Goudkus (die huidige Ghana) word deur die Keurvors van Brandenburg aan Nederland verkoop. 15 Maart – Pous Clemens XI stel Giberto Bartolomeo Borromeo, titulêr patriarg van Antiogië aan as kardinaal. 12 Julie – Pous Clemens XI stel Giulio Alberoni en Imre Csáky, aartsbiskop van Kalocsa en Bács, Hongarye aan as kardinale. 1 Desember – Pous Clemens XI verklaar die sewe stigters van die Serviete-orde salig. 24 Desember – Die Kersvloed vind plaas langs die Noordseekus. 18/28 Januarie – Mustafa III, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1774) 24 September – Horace Walpole, Engelse kunshistorikus, skrywer, intellektueel, antikwaar en politikus († 1797). 25 Desember – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI), die 250ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1799).
3878
Die jaar 22 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 22ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Drusus word benoem as opvolger van keiser Tiberius.
24236
Ryan Cox (Kemptonpark, 9 April 1979 - aldaar, 1 Augustus 2007) was 'n Suid-Afrikaanse padfietsryer. Cox neem sedert 1987 aan fietsry deel en word in 2000 lid van die Amore e Vita-fietsryspan. Gedurende 2002 ry hy vir die Duitse Team Cologne-fietsryspan. Cox was sedert 2003 'n spanlid van die Barloworld-fietsryspan. Hy was in 2004 en 2005 besonder suksesvol en is eerste in die nasionale fietsry-kampioenskappe van Suid-Afrika. In Julie 2007 het hy 'n vaskulêre operasie ondergaan in Frankryk, maar het kort daarna tuis in Suid-Afrika komplikasies gekry. Die hoofslagaar in sy linkerbeen het gebars, hy het in die Kemptonparkse Hospitaal 'n noodoperasie ondergaan waartydens dokters om sy lewe geveg het, maar hy het nogtans gesterf. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
39590
.de is die Internettopvlakdomein vir Duitsland (.de is die eerste twee letters van Deutschland). Die .de domeinname word deur DENIC (Deutsches Network Information Center) uitgegee. Hierdie domeinname word al sedert 1986 uitgereik. .de is die op een na (net na .com) populêrste domeinnaam op die Internet. Lys van Internettopvlakdomeine ISO 3166-2:DE IANA se .de-whois-inligting DENIC - domeinregistrasie vir .de Geargiveer 22 Oktober 2009 op Wayback Machine
44366
Die Turkse Republiek van Noord-Siprus (Turks: Kuzey Kıbrıs Türk Cumhuriyeti) of kort Noord-Siprus (Kuzey Kıbrıs) is volgens internasionale reg 'n deel van Siprus. Die de facto onafhanklike republiek word slegs deur Turkye as 'n onafhanklike land erken. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus bestaan sedert 1974 en op 15 November 1983 het Noord-Siprus sy onafhanklikheid verklaar. Die republiek is in die noordelike deel van Siprus geleë en die hoofstad is Noord-Nicosia (Kuzey Lefkoşa). Die Turkse Republiek van Noord-Siprus het 'n bevolking van 286 257 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 355 km². Die oplossing van die Siprus-konflik is een van die voorwaardes vir die aansluiting van Turkye by die Europese Unie. (en) "Historical Background". Turkish Republic of Northern Cyprus Ministry of Foreign Affairs. Besoek op 29 Mei 2019. (tr) "KKTC". Turkish Ministry of Economy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2015. Besoek op 28 Julie 2015. (tr) [1] Geargiveer 7 Oktober 2020 op Wayback Machine (tr) [2]
104960
Die NG gemeente Villiersdorp is 'n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland met sy setel op die dorp Villiersdorp. Met sy stigting in 1858 was dit die 73ste gemeente in die hele NG Kerk, maar weens die samesmelting van die gemeentes Middelburg, Kaap en Middelburg-Uitsig, is dit nou (2015) die 72ste oudste steeds bestaande gemeente. In 1844 het P.H. de Villiers, die destydse eienaar van die plaas Radyn waarop Villiersdorp aangelê is, hom beywer vir 'n kerkgebou in die wyk Riviersonderend van die gemeente Caledon. Die hoeksteen is in November 1844 deur P.H. de Villiers gelê en die plegtige inwyding het in Januarie 1846 plaasgevind. By albei hierdie feestelikhede was ds. P.N. Ham, leraar van die gemeente Franschhoek, die feesredenaar. In Oktober 1855 het die Ring van Kaapstad toestemming verleen tot die afstigting van Villiersdorp as selfstandige gemeente, met dien verstande dat 'n gedeelte van die voorste Bosjesveld, wat in die ressort van die gemeente Worcester geval het, by Villiersdorp gevoeg word. Die kerkraad van Worcester het egter beswaar gemaak en die afstigting is toe op die lange baan geskuif.
290104
Die rooisuikerbos (Protea grandiceps) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Hollandberge, Riviersonderendberge, Langeberg, Outeniquaberge, Groot-Winterhoekberge en Kammanassieberge. Die struik is rond en word 2.0 m hoog en blom van September tot Januarie. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 700 m. Die boom se nasionale nommer is 89.2. In Engels staan dit as die Red sugarbush bekend. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies http://pza.sanbi.org/protea-grandiceps https://www.proteaatlas.org.za/sugar2.htm http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/protea_grandiceps.htm http://redlist.sanbi.org/species.php?species=799-49 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:705835-1 https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooisuikerbos.
364870
Václav Smil (gebore op 9 Desember 1943) is 'n Tsjeggies-Kanadese wetenskaplike en beleidsontleder. Hy is 'n toonaangewende professor emeritus in die Fakulteit Omgewing aan die Universiteit van Manitoba in Winnipeg, Manitoba, Kanada. Sy interdissiplinêre navorsingsbelangstellings omvat 'n breë gebied van energie-, omgewings-, voedsel-, bevolkings-, ekonomiese, historiese en openbare beleidsstudies, en hy het ook hierdie benaderings toegepas op energie-, voedsel- en omgewingsake in die Volksrepubliek China. Smil is tydens die Tweede Wêreldoorlog in Pilsen gebore, destyds in die Duitse protektoraat Boheme en Morawië (die huidige Tsjeggiese Republiek). Sy vader was 'n polisiebeampte en sy moeder 'n boekhouer. Toe hy in 'n afgeleë bergdorp in die Pilsen streek grootgeword het, het hy daagliks hout gekap om die huis warm te hou. Dit het hom 'n vroeë les gegee oor energie-doeltreffendheid en digtheid. Smil het sy voorgraadse studie aan die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Karelsuniversiteit in Praag voltooi, waar hy vyf jaar lank 35 klasse per week, 10 maande per jaar, geneem het.
61455
Ratum is ’n nedersetting in die munisipaliteit Winterswijk in die provinsie Gelderland in Nederland. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
98745
Ds. Jan Hendrik Hofmeyr (Calvinia, 17 Maart 1856 – Kaapstad, 22 Maart 1924) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat net vyf jaar in die bediening gestaan het in die NG gemeente Uitenhage. Hy is in 1887 geskors nadat hy bedank het weens onsedelike gedrag. Hofmeyr was die tweede oudste seun van prof. N.J. Hofmeyr, een van die eerste twee hoogleraars aan die Kweekskool op Stellenbosch. Sy oudste broer, ds. Adriaan Hofmeyr, is in 1899 ook as predikant geskors, maar is in 1928 in die amp herstel, maar sy broer Nico het ná 'n dienstyd van vyf en 'n half haar as leraar van die NG gemeente Warrenton bedank en toe skrywer en skoolinspekteur geword. Jan Hofmeyr is in die NG pastorie op Calvinia in die Noordwes-Kaap gebore waar sy vader predikant was. Hy was een van 13 kinders. Die jong ds. N.J. Hofmeyr was ’n seun van die vermoënde en goedhartige Jan Hendrik Hofmeyr (1798–1862) en Hester Sophia Joubert van Welgemeend, die Kaapstadse Hofmeyr-woning wat in 1944 in die besit van die Hoërskool Jan van Riebeeck gekom het.
109167
Die Seilvintang (Zebrasoma desjardinii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Sailfin tang. Die vis word tot 40 cm lank. Hierdie spesie het goed ontwikkelde seiltipe dorsale- en analevinne. Die volwasse vis is bruin tot grys met 'n patroon van afwissellende lig en geel strepe en kolletjies op die kante van die lyf en kop. Die dorsale- en analevinne is bedek met ligte strepe en die stertvin is donker met blou kolletjies. Die onvolwasse visse is gelerig met afwissellende donker en ligte strepe terwyl die dorsale- en analevinne vergroot is met streepmerke op. Die vis leef in tropiese strandmere en beskutte aflandige riwwe in water wat 1 tot 30 m diep is. Hulle verkies areas in die riwwe waar die koraalgroei meer welig is. Volwasse visse is alleenlopers of kom in pare voor terwyl onvolwasse visse alleenlopers en sku is. Hulle skuil in die takke van korale. Die vis vreet alge en detritus. Die spesie is seldsaam.
289421
Lazar Naumowitsj Berman ( Russies: Ла́зарь Нау́мович Бе́рман, Lazarʹ Naumovič Berman; 26 Februarie 1930 - 6 Februarie 2005) was 'n Sowjet-Russiese klassieke pianis en Erekunstenaar van die RSFSR (1988). Sy speelwerk is gekenmerk deur 'n reusagtige, oordonderde tegniek wat hom 'n opwindende tolk van Liszt en Rachmaninoff, en 'n laat verteenwoordiger van die uitnemende skool van die Russiese Romantiese pianisme gemaak het. Emil Gilels het hom beskryf as 'n "fenomeen van die musiekwêreld". Berman is gebore as die seun van Joodse ouers in Leningrad. Sy ma, Anna Lazarevna Makhover, het self klavier gespeel, totdat gehoorprobleme haar verhinder het om daarmee voort te gaan. Sy het haar seun op die ouderdom van twee aan die klavier voorgestel. Berman het op driejarige ouderdom by sy eerste kompetisie ingeskryf en 'n Mozart-fantasie en mazurka opgeneem wat hy self op die ouderdom van sewe jaar gekomponeer het, alles voordat hy selfs musiek kon lees. Berman is die eerste keer opgemerk tydens 'n talentkompetisie. Die paneel onder voorsitterskap van Leonid Nikolaev het die kind se "seldsame en uitsonderlike musiek- en klaviervaardighede" opgemerk.
384359
Huisgenoot: Ware Lewensdramas is 'n werklikheidsreeks op VIA, DStv kanaal 147 sedert 27 Julie 2017. Die reeks is gebaseer op stories wat in die tydskrif Huisgenoot verskyn het. Dit fokus op die karakters, kenners en joernaliste agter die stories. Die reeks, tans in sy agtste seisoen, word Maandagaande om 21h00 uitgesaai op die werlikheidskanaal, VIA. Die reeks is ook beskikbaar op DStv Now en Showmax
44941
Die Russiese Federasie is opgedeel in 85 federale deelgebiede, waarvan vier outonome okroegs is. Hierdie soort deelgebied is aanvanklik nasionale okroegs genoem en is in die 1920's gestig om outonomie te verskaf aan inheemse volke in die noorde van die land. In 1977 is die naam na outonome okroegs verander om klem te lê op hul outonomiteit. Hierdie okroegs was eers onderworpe aan krais en oblaste, maar val sedert 15 Desember 1990 direk onder Rusland, hoewel sommige steeds onder die jurisdiksie van die spesifieke krai of oblast is. Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Autonomous okrugs of Russia
55657
.nc is die Internettopvlakdomein vir Nieu-Kaledonië. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .nc
346
Die Universiteit van Suid-Afrika is 'n universiteit in Pretoria, Gauteng, wat deur afstandsonderrig opleiding aan studente binne en buite Suid-Afrika verskaf. Die universiteit staan ook bekend as Unisa (Universiteit van Suid-Afrika). Dit was die eerste universiteit ter wêreld wat opleiding deur middel van korrespondensie verskaf het. In Desember 2017 het die universiteit 381 484 ingeskrewe studente vanoor die hele wêreld gehad, wat beteken dat hy die grootste universiteit in Afrika is en ook een van die wêreld se mega-universiteite. Volgens 'n peiling in 2010, was Unisa die agtste beste universiteit in Suid-Afrika, en die 1290e in die wêreld. Die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop is in 1873 gestig. Na uniewording is dit in 1916 in die huidige Universiteit van Suid-Afrika omskep. In die 1940's het die behoefte aan afstandsonderrig ontstaan. In 1951 kom Unisa as 'n suiwer eksterne universiteit tot stand. Unisa se Muckleneuk-kampus is geleë in Pretoria en is 'n belangrike landmerk van die hoofstad. Dit was in 1972 dat Unisa na hul nuwe tuiste op Muckleneuk Rif verhuis het en die ou kwartier in Sentraal-Pretoria ontruim was.
104512
Die Formule Een-seisoen van 2014 was die 65ste seisoen van die Formule Eenkampioenskap en is oor 19 Grand Prix-wedrenne beslis. "FIA revises final 2009 entry list". Autosport.com (in Engels). Haymarket Publications. 26 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017. Besoek op 26 Maart 2009. "So, CT05 is up and running..." (in Engels). Caterham F1 Team. 28 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 28 Januarie 2014. "Caterham to retain Renault engines in 2014" (in Engels). GPUpdate. 24 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 24 Mei 2013. "Renault unveil 2014 turbo engine" (in Engels). Formula One World Championship Limited. 21 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2014. Besoek op 20 Oktober 2013. Beer, Matt (21 Januarie 2014). "Caterham signs Kobayashi, Ericsson for 2014 Formula 1 season". Autosport.com (in Engels). Haymarket Publications. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2017. Besoek op 21 Januarie 2014. Caterham has signed grand prix returnee Kamui Kobayashi and GP2 graduate Marcus Ericsson for the 2014 Formula 1 season.
247836
Karla Tamburrelli is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Die Hard 2 (1990), City Slickers (1991), Forever Young (1992), en Plump Fiction (1997). 1990: Die Hard 2 1991: City Slickers 1992: Forever Young 1997: Plump Fiction 1996: The Big Easy 1994: The Counterfeit Contessa Karla Tamburrelli in die Internet-rolprentdatabasis
35300
Bobonong is 'n dorpie in die ooste van Botswana in die Sentraal distrik. Die dorp se bynaam is Bob-stad of Bob city. Daar woon ongeveer 19 000 mense. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
42776
.cd is die Internettopvlakdomein vir die Demokratiese Republiek die Kongo. Die domein is in 1997 geskep om die .zr-domein (vir die eertydse Zaïre) mee te vervang. Die .zr-domein is uiteindelike in 2001 permanent geskrap. Lys van Internettopvlakdomeine ISO 3166-2:CD IANA se .cd-whois-inligting AfriDNS - Informasie oor Afrika se topvlakdomeine
42782
.cv is die Internettopvlakdomein vir Kaap Verde. Lys van Internettopvlakdomeine ISO 3166-2:CV IANA se whois-inligting vir .cv AfriDNS - Inligting oor Afrika se topvlakdomeine
129800
Speekselklier is 'n tipe klier (orgaan in soogdierliggaam). Eksokriene kliere, waaronder speekselkliere tel, skei hulle produkte af deur ’n buis op ’n buite-oppervlak van die liggaam, soos die vel (huid) of in 'n holte, soos die mond van die menslike spysverteringstelsel. Speekselkliere by soogdiere soos die mens, is talryk en kom paarsgewys voor. Die grootstes en belangrikstes is die oorspeekselkliere (parotis). Die ondertongspeekselkliere (sublingualis) en die onderkaakspeekselkliere (submaxillaris). Die mens besit ses speekselkliere in pare van twee. Die drie paar groot speekselkliere word in die mondholte aangetref. Die afskeiding van die speekselkliere word speeksel genoem. Die speekselkliere werk gedurig en skei speeksel af selfs wanneer mens slaap. Oor 'n tydperk van 24 uur word gemiddeld sowat 2 liter speeksel afgeskei. Speeksel bevat 'n ensiem wat ptialien genoem word. Dit werk in op die stysel in die kos en breek dit af tot glukose. Omdat die kos nie baie lank in die mond vertoef nie, speel die ensiem nie so 'n groot rol in die spysverteringsproses nie. Die speekselkliere is soliede strukture wat uit miljoene selletjies bestaan.
46076
Anrika is die verhoognaam van Anrika Bruinders (née Koch, gebore 1984), 'n Afrikaanse sangeres. Sy is op 16 Desember 2006 met die akteur en komediant Alvin Bruinders, wat bekend is vir sy rolle in Vetkoekpaleis en Gauteng-aleng, in die eg verbind. Anrika se albums: Mambo, 2006 GALLO Vir Ewig Vir My, TRIO Bekendes sing Alvin en Anrika se trounote, Rapport, 10 Desember 2006. Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars Kielie My op YouTube Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
120320
Hautot-sur-Seine is 'n Franse dorp in die département Seine-Maritime (région Normandië), suidwes van Rouen, met sowat 400 inwoners (2014). Die dorp is op die regteroewer van die Seinerivier in die meander van Roumare. Die dorp word as Hotot vir die eerste keer in 1240 beskryf. Beaurepaire, François de (1979). Les Noms des communes et anciennes paroisses de la Seine-Maritime (in Frans). voorwoord van Marianne Mulon. Paris: A. et J. Picard. p. 92. ISBN 2-7084-0040-1. OCLC 6403150. Cite has empty unknown parameter: |month= (hulp)
1829
Die jaar 1472 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 31 Januarie – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Lausanne. 16 September – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII) word biskop van Molfetta. Onbekend – Lucas Cranach die Ouere, Duitse skilder en grafiese kunstenaar van die Renaissance († 1553) 15 Februarie – Piero di Lorenzo de' Medici, heerser van Florence vanaf 1492 tot sy ballingskap in 1494 († 1503). 4 Junie – Nezahualcoyotl, koning van Acolhuacan, 'n deelstaat van die Asteekse Ryk (* 1402).