id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
46679
'n Aandelebeurs of effektebeurs is 'n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word. Aandelemakelaars dryf op 'n aandelebeurs namens hulself en hul kliënte handel en is op die betrokke beurse geregistreer. Die grootste effektebeurse ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs (Wall Street), die Tokyo-aandelebeurs, die Amerikaanse NASDAQ, die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs. Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is die grootste in Afrika. Aandelemakelaars het hulle eie terminologie wat gebruik word tydens verhandelings. Sommige van die terme het intussen só alledaags geword dat hulle in die spreektaal opgeneem is: "bulmark" verwys na 'n stygende mark met bygaande mark-optimisme, terwyl die teenoorgestelde 'n "beermark" is. Die belangrikste beurs is die aandelebeurs, waar die verhandeling van effekte of aandele plaasvind. Dié beurs is alleenlik vir lede toegank­ lik. Dit beteken egter nie dat die publiek nie ook beursaandele kan bekom nie. Enigeen bo 21 jaar kan deur 'n makelaar aandele koop. 'n Makelaar is 'n persoon wat op die beurs geregistreer is en wat koop-­ en verkooptransaksies namens homself en ander mense mag aangaan.
55613
.mo is die Internettopvlakdomein vir Macau. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .mo
110153
Nicolae Dică (gebore op 9 Mei 1980 in Pitești, Roemenië) is 'n afgetrede Roemeense sokkerspeler, wat die Roemeense kampioenskap twee keer met FC Steaua Boekarest gewen het. "Nicolae Dica – Catania – Campionato di Serie A" (in Italiaans). La Gazzetta dello Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2009. "Bine ati revenit, Nicolae Dica si Laurentiu Rosu!" (in Roemeens). Steauafc.com. 12 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2019. Besoek op 23 April 2016. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nicolae Dică. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
384103
Lachenalia martleyi is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom by Somerset-Wes voor. Die spesie is egter in 1922 laas gesien en mag moontlik uitgestorwe wees. Die gebied waar die plant voorgekom het, het drasties verander, wingerde is aangelê of is toegebou weens ontwikkeling. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3814-173 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77122835-1
2265
Die jaar 1250 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 13de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 8-11 Februarie - Slag van Al Mansurah. Die Ajjoebiede verslaan Lodewyk IX van Frankryk. 6 April- Op sy eerste kruistog word Lodewyk IX van Frankryk in Egipte gevange geneem en moet vrygekoop word. 25 Desember – Johannes IV Laskaris, keiser van die Niceense Ryk († Circa 1305) Onbekend – Dmitri I van Pereslawl, Grootprins van die Rjoerik-dinastie († 1294) 2 Februarie – Koning Erik XI van Swede. 8 Februarie – William II Longespee, belangrike Engelse kruisvaarder in die Sewende Kruistog. 18 Junie – Teresa van Portugal. 9 Augustus – Koning Erik IV van Denemarke (* 1216). 4 Oktober – Herman VI, Markgraaf van Baden. 13 Desember – Frederik II, Duitse keiser (* 1212). Leonardo van Pisa, beter geken as Fibonacci (* 1170). Turanshah, Ayyubid erfgenaam van die Sultanaat Egipte.
17133
Amerikium (IFA: /ˌaməˈrɪkiəm/) of Amerisium, is 'n sintetiese element in die periodieke tabel met die simbool Am en atoomgetal 95. 'n Radioaktiewe metaal element, americium is 'n aktinied wat verkry word deur plutonium met neutrone te bombardeer en is die vierde transuraan wat ontdek is. Dit is na die Amerikas genoem na aanleiding van die vernoeming van europium na Europa. Suiwer amerikium het 'n wit en silwerige glinstering, maar teen kamertemperatuur verdof dit stadig in droë lug. Dit is meer silwerig as plutonium en neptunium en skynbaar meer smeebaar as neptunium of uraan. Alfauitstraling van 241Am is ongeveer drie keer soveel as die van radium. Gram hoeveelhede van 241Am stel intense gammastrale vry wat ernstige blootstellingsprobleme skep vir enige iemand wat die element hanteer. Amerikium is ook splytbaar; die kritieke massa vir 'n sfeer van 241Am is ongeveer 60 kilogram. Dit is onwaarskynlik dat Amerikium as wapenmateriaal gebruik sal word, aangesien die kritieke massa daarvan heelwat groter is as dié van die makliker bekombare plutonium of uraanisotope.
17991
Die Burger is die naasgrootste Afrikaanse dagblad in die Wes-Kaap, gepubliseer deur Media24. Die eerste uitgawe het in 1915 verskyn. In 2008 het dit 'n sirkulasiesyfer van 104 808 in die Wes- en Oos-Kaap gehad, maar teen 2012 het dit teruggesak tot sowat 60 000 en in die tweede kwartaal van 2013 tot 59 704 vir albei uitgawes. Die Saterdag-uitgawe se sirkulasie was toe 74 256 ('n jaar tevore was dit 77 668), vergeleke met Naweek-Beeld se 59 944 ('n jaar tevore 72 124). Middel 2017 was die gesamentlik weekdagsirkulasie 47 673. Op 20 Julie 2018 is die frekwensie van die gedrukte uitgawe in die Oos-Kaap verander van ses dae per week tot net Vrydae, terwyl die volle koerant op al die ander dae van die week waarop dit voorheen verskyn het, steeds met advertensies en al as 'n e-koerant beskikbaar sou wees. Die Burger (Wes-Kaap) is nie deur dié verandering geraak nie. Dié koerant se sirkulasie vir weekdae was in die eerste kwartaal van 2020 35 349.
38505
Daar word onderskeid getref tussen stede en dorpe in Namibië: plekke wat deur 'n munisipaliteit geregeer word, word stede genoem, en plekke wat deur 'n dorpsraad geregeer word, word dorpe genoem. In 2015 het Namibië dertien stede, elkeen geregeer deur 'n munisipale raad wat tussen 7 en 15 setels het. In teenstelling met dorpe het stede die mag om fasiliteite soos openbare vervoer, behuisingskemas, museums, en biblioteke sonder die goedkeuring van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling op te rig. Hulle mag ook kies om sekere dienste te privatiseer en om samewerkingsooreenkomste met die privaatsektor aan te gaan sonder om vir uitdruklike goedkeuring te vra. Die dertien stede is: In 2015 het Namibië 26 dorpe, elkeen geregeer deur 'n dorpsraad wat tussen 7 en 12 setels het. In teenstelling met gehuggies, het dorpe die mag om fasiliteite soos ambulans- en brandweerdienste en elektrisiteitsvoorsiening sonder die goedkeuring van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling op te rig. Hulle is ook verantwoordelik vir die oprigting en instandhouding van gemeenskapsgeboue, en hulle mag roerende eiendom koop en verkoop sonder om vir uitdruklike goedkeuring te vra.
54825
Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die munisipaliteit is na die Suid-Afrikaanse politikus Govan Mbeki vernoem. Nedersettings in die munisipaliteit: Bethal Charl Cilliers Embalenhle Emzinoni Evander Leandra Lebohang Kinross Secunda Trichardt
13264
Die dwergvisvanger is 'n algemene intra-Afrika broeiende somertrekvoël wat leef in boomveld, savanna en kuswoud. In Engels staan die voël bekend as die African Pygmy Kingfisher. Die voël is 12 cm lank en weeg 12 tot 17 gram. Dit is 'n droëgrond visvanger met baie helder kleure. Dit is kleiner as die kuifkopvisvanger. Die wenkbroue is oranje, die gesig is grotendeels rooibruin en die oordekvere is violet getint. Die jong voël het 'n swarterige snawel en verspreide, donker snorstrepe. I. picta picta I. picta ferruginea I. picta natalensis Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
17224
Die Belharbelydenis is 'n Christelike geloofsdokument wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en deur die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 as geloofsbelydenis aangeneem is. Die belydenis is vernoem na Belhar, 'n voorstad van Bellville, Suid-Afrika, waar die algemene sinode van die NGSK in 1982 gehou is. Die Belharbelydenis is in 1982 opgestel deur 'n kommissie van die Sinode van die (destydse) NG Sendingkerk. Lede van die kommissie was o.a. dr. Allan Boesak, prof. Dirkie Smit, prof. Jaap Durand en ds. Gustav Bam. Die konsep-belydenis wat aan die sinode voorgelê is, is deur prof. Smit op skrif gestel, vandaar die wanopvatting dat hy die outeur van die belydenis is. Daar was in hierdie vergadering ook besware teen die opstel van die belydenis, en daarom is besluit om tot en met die volgende sinodesitting (1986) eers die belydenis aan gemeentes bekend te maak en te verduidelik. In 1986 is die konsepbelydenis aanvaar as belydenisskrif. Toe die NGSK, die NGKA en die EGKA in 1994 saamgesmelt het om die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) te vorm, het die nuut gevormde kerkverband die Belharbelydenis as een van sy amptelike geloofsdokumente aangeneem.
36856
North Shore City, wat informeel gewoonlik net North Shore of The Shore genoem is, was 'n stad in die administratiewe gewes Auckland op Nieu-Seeland se Noordeiland wat in 2010 by Auckland Council ingesluit is en tans as North Shore deel uitmaak van Auckland. Met 'n bevolking van 205 605 volgens die sensus van 2006 - wat in 2008 volgens skattings tot meer as 223 000 gegroei het - was dit die vierde grootste stad in Nieu-Seeland, sowel ten opsigte van sy inwonerstal asook sy oppervlakte van 129,81 vierkante kilometer. Sy kuslyn het 'n totale lengte van 141 kilometer gehad. As een van oorspronklik vier stedelike nedersettings in die metropolitaanse gebied van Auckland het North Shore City 'n sterk stedelike en voorstedelike karakter gehad en was die mees digbevolkte stad in Nieu-Seeland. 'n Relatief groot gemeenskap van Suid-Afrikaanse immigrante het hulle hier kom vestig. Aan die voet van die ou vulkaan Mount Victoria in die stadsgebied van North Shore City het reeds voor die aankoms van die eerste Europese setlaars 'n versterkte Māori-nedersetting (pa) van die plaaslike Kawerau-stam ontstaan.
44590
Wladimir Afanasewitsj Obroetsjef (Russies: Владимир Афанасьевич Обручев) was in die 19de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. In 1886 het hy na Siberië gereis waar hy die Kara Koem-woestyn en die oewers van die Amoe Darja-rivier verken het. Ná ’n halfeeu in Siberië het hy sy bevindings saamgevat in die uitgebreide Die Geologie van Siberië. Hierdie Rusland-verwante artikel is ’n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.
46780
Oyster Bay is 'n woonbuurt in suidelike Sydney, in die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, Australië. Oyster Bay is sowat 26 kilometer ten suide van Sydney se sentrale sakekern in die plaaslike regeringsgebied van Sutherland Shire geleë. Oyster Bay is 'n natuurlike baai aan die suidekant van die Georges-rivier. Die woorbuurt ontleen sy naam van die waterweg. Green Point en Caravan Head is noemenswaardige plekke in Oyster Bay. Green Point is die tuiste van die Green Point Sterrewag, die tuiste van die Sutherland Shire sterrekundige vereniging. Coronation Bay is ook op die Georges-rivier tussen Green Point en Caravan Head geleë. By Coronation Bay is 'n groot mangrove gebied wat 'n diverse en dinamiese ekostelsel vorm wat 'n groot verskeidenheid voëlspesies ondersteun. Carina Bay is aan die westelike grens van die woonbuurt geleë. Oyster Bay ontleen sy naam van die oesters wat in die baai gevind is. Die naam het reeds op kaarte verskyn wat deur 'n landmeter genaamd Wells in 1840 opgestel is. Die woonbuurt se naam is amptelik in 1933 erken. 'n Klein winkelsentrum is geleë op die kruising van Como Road en Oyster Bay Road.
80164
Die Vleitjagra (Bocagia anchietae) is 'n skaars standvoël in welige varingveld en biesies en riete aan die oewerS van strome en vleie. Hulle kom heeljaar in territoriale pare voor. Die voël is 17 cm groot en weeg 33 gram. In Engels staan die voël bekend as die Anchieta's Tchagra. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
134128
Arak is ‘n naam vir ‘n wye verskeidenheid onverwante alkoholiese dranke wat dwarsdeur Asië vervaardig word. Arak is in Jordanië, Sirië, Libanon, Irak, Israel en Turkye (dus in die Midde-Ooste) ‘n anyslikeur vervaardig uit druiwe en gegeur met anys. Arak (ook bekend as koumiss) is vir die Mongole en Tartare van Mongolië ‘n alkoholiese drank vervaardig uit gegiste perdemelk. Arak (ook bekend as ryswyn) is ‘n gewilde drank in Indonesië, die Filippyne, Sri Lanka en Indië. Hierdie ryswyn staan in Engels bekend as arrack. Die woord arak het uit die Arabies arak at-tamr, wat beteken “sweet van dadels”, via Maleis en Nederlands in Afrikaans beland. Arak of ryswyn was ‘n gewilde sterk alkoholiese drank in die koloniale tydperk van Java. So het dit ook aan die Kaap bekend geword. Dit word dikwels in ‘n tuisnywerheid gedistilleer van gegiste suikerriet, rys en ander bestanddele. Die onwettige produksie daarvan lei dikwels tot alkoholvergiftiging en die dood. Om die Khoikhoi aan te moedig om beeste te bring om te verkoop, het die koloniste aan die Kaap arak aangebied om die handel te bevorder.
193974
Craniella monodi is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Craniella en tot die familie Tetillidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1929 deur Burton. Van Soest, R. (2011). Craniella monodi (Burton, 1929). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=362607. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
317520
District 9 is 'n wetenskapsfiksierolprent en deels 'n spotdokumentêr uit 2009 deur regisseur Neill Blomkamp. Beide hy en die akteur Sharlto Copley debuteer met die film, hoewel hulle voorheen gewerk het aan die kortfilm Alive in Joburg, waarop District 9 gebaseer is. Peter Jackson het District 9 vervaardig; hy word as baanbreker in die genre beskou. Die film is in Soweto, Johannesburg, geskiet. Pretbederwerswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder. In 1982 kom 'n buiteaardse ruimteskip bo Johannesburg, Suid-Afrika, tot stilstand. Die skip bly egter drie maande toe. Onder groot internasionale druk besluit die regering om aan boord te gaan en die wesens te kontak. Dit lyk nou asof hulle onversorg is en honger ly. Om humanitêre redes word hulle na die aarde gebring en in 'n vlugtelingkamp genaamd District 9 geplaas. Oor die jare heen ontstaan dieselfde probleme egter in die kamp as in "normale" vlugtelingkampe. Weens misdaad en onrus word die kamp ommuur en permanent beskerm. Die wesens, neerhalend deur die mense "garnale" genoem, neem die lewenstyl van rondlopers aan.
275271
Roger Fritz (gebore 1936) is 'n Duitse akteur, regisseur, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Mädchen, Mädchen (1967), Rabbit in the Pit (1969), The Brutes (1970), en Frankfurt: The Face of a City (1981). 1967: Mädchen, Mädchen 1968: Jet Generation - Wie Mädchen heute Männer lieben 1968: Till the Happy End 1968: Erotik auf der Schulbank 1968: Zuckerbrot und Peitsche 1969: Rabbit in the Pit 1969: Madame Bovary 1970: The Brutes 1972: Strange City 1981: Frankfurt: The Face of a City 1991: Ich schenk dir die Sterne 1971: Zwischen uns beiden 1973: Leseprozesse 1975: Kleine Bank mit schlechten Noten 2005: Jennifer Nitsch - Tod einer Schauspielerin 2011: Passion & Poetry: Sam's War 2015: Regie mit Gewalt 2016: Zwei Jungs und Mädchen Mädchen Roger Fritz in die Internet-rolprentdatabasis
385023
Syringodea derustensis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Syringodea behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Klein-Karoo voor, van Oudtshoorn tot by De Rust. Die plant het 'n voorkoms gebied van 592 km² en het habitat afgestaan aan ontwikkeling en gewasverbouing, veral by De Rust. By Dysselsdorp is habitat afgestaan aan damkonstruksie. Volstruis boerdery is ook 'n potensiële bedreiging. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1542-4 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:441464-1 https://www.pacificbulbsociety.org/pbswiki/index.php/Syringodea
46772
Cora Marie, die verhoognaam van Cora Nell (1953–1994), was 'n Afrikaanse country-sangeres. Sy reik oor haar loopbaan sowat 22 langspelers uit, waarvan 14 goue status behaal. Haar grootste treffers, waarmee sy bekendheid verwerf, was Gee haar 'n roos en Mamma Leonie. Sy is in 1994, op 41-jarige leeftyd, aan kanker oorlede. Cora Nell is op 3 Januarie 1953 in Pretoria gebore. Sy was die jongste van vier kinders en het drie broers gehad (Bobby, Jimmy en Dennis). Haar pa is in 'n motorongeluk oorlede toe sy een jaar oud was, waarna sy in 'n kinderhuis in Springs geplaas is. Sy het aan talentkompetisies begin deelneem by die Hellenic Hotel in Johannesburg wat sy telkemale gewen het. In 1974 neem sy haar eerste enkelspeler, Hasta Manjana, 'n liedjie van ABBA, in Afrikaans op. Cora tree in September 1979 met die plateregisseur Corrie Myburgh in die eg. In 1980 verwerf sy bekendheid met haar album Lang Verlang Kontrei, waarop haar grootste treffer Gee haar 'n roos, verskyn.
70868
Ds. Dirk Postma (Dokkum, Friesland, Nederland, 10 Januarie 1818 – Burgersdorp, 28 Desember 1890) was die eerste predikant in die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en stigter en eerste hoogleraar van die Kerk se teologiese skool op Burgersdorp in die Noordoos-Kaap, die voorloper van die Teologiese Skool en universiteit in Potchefstroom. Sy biograaf, dr. G.C.P. Van der Vyver, skryf in 1958 in die enigste omvattende biografie wat tot dusver (2016) oor prof. Postma verskyn het, hy "was 'n diep gelowige, innig vrome mens wat in alles 'Gods Voorzienigheid' erken het en daarom ook gedurig in die gebed geworstel het om Gods raad en leiding. Sterk gemoedelik van aard, het hy met die Here as 'n Vriend en Raadsman omgegaan en gewandel. En dit is juis hierdie geloof in en omgang met God wat 'n standvastigheid aan sy karakter verleen het wat 'n diepe indruk op sy tydgenote gemaak het." Ds. Postma is die Suid-Afrikaanse stamvader van die merkwaardige Postma-familie wat op soveel terreine 'n bydrae gelewer het en vandag nog lewer.
194044
Crella gelida is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Crella en tot die familie Crellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1910 deur Lundbeck. Van Soest, R. (2011). Crella gelida. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=133467. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
285832
John Winston Howard, OM, AC (gebore op 26 Julie 1939) is 'n voormalige Australiese politikus wat van 1996 tot 2007 die 25ste premier van Australië gedien het. Hy is die tweede langste dienende Australiese premier, agter net sir Robert Menzies, wat meer as 18 jaar in die amp was. Hy is ook die oudste lewende voormalige Australiese premier, op 16 Mei 2019. Howard was van 1985 tot 1989 leier van die Liberale Party en van 1995 tot 2007. Howard is in Sydney gebore en studeer regte aan die Universiteit van Sydney. Hy was 'n handelsadvokaat voordat hy die parlement binnegekom het. Hy was 'n voormalige federale president van die Young Liberals. Hy het die eerste verkiesing by die staatsverkiesing in Nieu-Wallis in 1968 gedoen, maar het maar min verloor. By die federale verkiesing in 1974 is Howard verkies tot die Afdeling Bennelong, wat hy tot 2007 sou verteenwoordig. Hy is in 1977 tot kabinet bevorder, en later in die jaar vervang Phillip Lynch as tesourier van Australië, en bly in daardie pos. tot die nederlaag van die regering van Malcolm Fraser in 1983.
111461
Nyau (ook Nyao), wat "masker" of "inisiasie" beteken, is ’n geheime bond van die Chewa, ’n etniese Bantoevolk van Sentraal- en Suider-Afrika. Dit bestaan uit ingewyde lede van die Chewa- en die Nyanja-volk en vorm hul plaaslike godsdiens. Die inisiasie van vroue en dié van mans verskil en word apart gedoen. Hulle moet verskillende goed leer en het verskillende rituele rolle in die gemeenskap volgens geslag en senioriteit. Net ingewydes word beskou as volwasse en lede van die bond. Die woord "Nyau" word nie net vir die bond self gebruik nie, maar ook vir die plaaslike godsdiens of kosmologie van die mense wat daartoe behoort, die rituele danse en die maskers wat vir die danse gebruik word. Daar is Nyau-gemeenskappe op baie dorpe, maar hulle is deel van ’n wye netwerk van Nyau in die sentrale streke en dele van die suidelike streke van Malawi, Oos-Zambië, Wes-Mosambiek en dele van Zimbabwe waar Malawiërs woon. Tydens die optrede met maskers hardloop vroue en kinders dikwels in die huise in wanneer ’n Nyau-danser ’n dreigende houding aanneem, want die maskers word net deur die manlike lede gedra en verteenwoordig manlike kennis.
39591
.be is die Internettopvlakdomein vir België. .be-domeinname word deur die Belgische Eenwording vir Internetdomeinregistratie (DNS Belgium) uitgegee, wat aanspreeklik is vir die topvlakdomein 'be'. Hierdie topvlakdomein vir België is sedert 1989 aktief, en is deur Pierre Verbaeten, professor van die departement rekenaarwetenskap van die Katolieke Universiteit Leuven geadministreer. In 2000 word hierdie taak deur DNS Belgium oorgeneem. Lys van Internettopvlakdomeine .nl, die topvlakdomein van Nederland. ISO 3166-2:BE IANA se .be-whois-informasie DNS.be - domeinregistrasie
11417
In waarskynlikheidsleer is geheueloosheid 'n eienskap van sekere waarskynlikheidsverspreidings: die eksponensiële verspreidings en die meetkundige verspreidings. Veronderstel X is 'n diskrete willekeurige veranderlike met 'n waarde in die versameling { 0, 1, 2, ... } of in die versameling { 1, 2, 3, ... }. Die waarskynlikheidsverspreiding van X is geheueloos as vir enige x, y in { 0, 1, 2, ... } of in { 1, 2, 3, ... }, (soos die geval mag wees), ons Pr ( X > x + y ∣ X > x ) = P ( X > y ) {\displaystyle \Pr(X>x+y\mid X>x)=P(X>y)} het. Hier dui Pr(X > x + y | X > x) die voorwaardelike waarskynlikheid dat die waarde van X groter as x + y is gegee dat dit groter as x is. Dit kan geredelik aangetoon word dat die enigste waarskynlikheidsverspreidings met diskrete geheueloosheid meetkundigeverspreidings is. Dit is die verspreidings van die aantal onafhanklike Bernoulli eksperimente nodig om een "sukses" te kry met 'n vaste waarskynlikheid van sukses, p, vir elke poging.
77861
Randhere (Engels: Randlords) is 'n historiese term wat oorspronklik deur Britse dagblaaie gebruik is om - met 'n bewuste ironiese doelstelling - na 'n klein groepie Europese finansiers en avonturiers te verwys wat die Suid-Afrikaanse diamante- en goudmynbedryf in sy baanbrekersfase vanaf die 1870's tot die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 beheer het. Hulle was oorwegend entrepreneurs van dieselfde generasie wat 'n sleutelrol in die ontwikkeling van die diamantbedryf in Kimberley, Noord-Kaap gespeel het. Hulle het die nodige infrastruktuur opgebou en die hele mynbedryf gekonsolideer - 'n strategie wat hulle ook op die mynbousektor in die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, dikwels ook Transvaal genoem) toegepas het nadat goud in 1886 aan die Witwatersrand (die "Rand") ontdek is. Goud het nie net die ZAR-regering van president Paul Kruger se skatkis gevul nie, maar ook ongekende rykdom aan die persone besorg wat aan die hoof van die bedryf gestaan het. Die finansiers en magnate is deur merkwaardige administratiewe en finansiële vernuf gekenmerk.
79061
SKY-MAP.ORG (of WikiSky.org) is ’n wiki en interaktiewe ruimtekaart met meer as ’n miljard hemelliggame. Gebruikers kan die hele hemelruim sien en inzoem om streke in detail te sien. WikiSky sluit baie sterre, sterrestelsels en planete in, maar is nog in ’n ontwikkelingstadium. Gebruikers kan ook inligting oor verskillende sterre redigeer deur artikels te skryf, internetskakels by te voeg, foto's te laai of spesiale groepe vir ’n spesifieke taak te skep. Die gebruiker kan die lug óf in kaartmodus óf in SDSS-modus bestudeer. In albei modusse kan die naam en ’n kort beskrywing van die voorwerp gesien word deur die muis daaroor te beweeg. Dit kan gebruik word om na artikels, foto's en ander inligting te skakel. SKY-MAP.ORG het sy eie API sodat kodes geskryf kan word om toegang te kry tot kaarte, inligting en SDSS-data. Sommige foto's van WikiSky, soos DSS2- en SDSS-foto's, is vir "niekommersiële gebruik". Die DSS-dataregte behoort aan verskillende instellings. SDSS-data is ook vir niekommersiële gebruik.
81047
Die Kaokowitgat (Boscia microphylla) is 'n middelgroot boom, kan ook struik wees, en kom in die noordweste van Namibië voor. Die boom is doringagtig en groei dikwels op rotsagtige berghellings. Die blougroen blare onderskei dit van die Witgat. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
116843
Godfried Andreas Watermeyer (15 Oktober 1917 – 4 Junie 1972) was ’n Afrikaanse digter en baanbreker vir Afrikaans in die reklamebedryf. Godfried Andreas Watermeyer is op 15 Oktober 1917 op die plaas Spitskop in die distrik Middelburg in die Noordoos-Kaap gebore. Hy is die oudste seun in ’n gesin van ses, waar sy ouers van die kinders verwag het om talle take op die plaas te verrig. Op twaalfjarige ouderdom word hy ernstig beseer wanneer ’n perd op hom val. Die nagevolge van hierdie ongeluk bly hom vir die res van sy lewe by en hy is soms vir maande bedlêend. Hy word groot op sy geboorteplaas Spitskop en die plaas Lucernvale en gaan tot standerd ses skool aan die regeringskool op hul plaas. Daarna gaan hy in 1932 na die Hoërskool Middelburg, waar hy in 1935 sy studies tydelik moet staak weens sy gesondheid. In 1936 matrikuleer hy egter en slaag al sy vakke in die eerste klas. Hy aanvaar dan in 1937 ’n betrekking in die Departement van Lande in Transvaal, vanwaar hy spesiale korrespondent word vir Die Transvaler in die Vaalharts-nedersetting.
130025
Hyagnis sybroides is 'n spesie van besie in die Cerambycidae familie. Dit is beskryf deur Breuning in 1939. BioLib.cz - Hyagnis. Retrieved on 8 September 2014.
313957
George Bizos (15 November 1927 - 9 September 2020) was 'n menseregteprokureur wat hom teen apartheid in Suid-Afrika beywer het, en is veral bekend weens sy deelname aan die Rivonia-verhoor. Hy het Mandela raad gegee om die kwalifikasie 'indien nodig' by sy verhoortoespraak dat hy bereid is om te sterf, te voeg, wat bygedra het dat hy die doodsvonnis vrygespring het. Bizos het ook die families van anti-apartheidsaktiviste, wat deur die regering om die lewe gebring is, verteenwoordig, gedurende die verhore van die Waarheid- en Versoeningskommissie. Bizos was die seun van Antonios (by sy familie en vriende bekend as "Antoni") Bizos, die burgemeester van die klein dorpie Vasilitsi, suid van Koroni en Kalamata op die Messenia-skiereiland van die Peloponnesos, Griekeland. Hy is op 15 November 1927 gebore (alhoewel verkeerd opgeteken in sy Suid-Afrikaanse identiteitsdokument as 1928, vanweë die verklaring van sy vader aan die owerheid by hul aankoms in Egipte).
8187
Alfred Baphethuxolo Nzo (19 Junie 1925, Benoni - 13 Januarie 2000, Johannesburg) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die langsdienende sekretaris-generaal van die ANC, 'n pos wat hy vanaf 1969 tot 1991 beklee het. Hy was die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake vanaf 1994 tot sy aftrede in 1999. Hy was ook die eerste swart gesondheidsinspekteur in die land gewees. Die Alfred Nzo-toekenning word tans toegeken aan verdienstelike gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika.
274440
Philip Dukes ( gebore in 1968 in Birmingham ) is 'n Britse klassieke altviolis. Dukes het sy musikale opvoeding by Wells Cathedral School in 1978 begin.In 1985 het Dukes na die Guildhall Musiek - en Dramaskool gegaanSy hoofonderwysers het Mark Knight, Yfrah Neaman en terwyl hy in New York was, Michael Tree, ingesluit. In 2006 was Dukes eenparig as Genoot van die Guildhall Skool verkies. Dukes se 1991 uitvoering by Londen se South Bank was beskryf as 'wêreldklas' deur die Strad-tydskrif.Die uitvoering het 'n loopbaan van stapel help stuur wat weldra daartoe sou lei dat Dukes as een van die voorste altvioliste van sy generasie beskou word. Baie van Dukes se konserte in die 1990's was as een van die Plane-Dukes-Rahman Trio, wat aansienlike kritiese lof ontvang het.Dukes se buiging as 'n Altviool-solis het op 2 Augustus 2005 tydens die BBC Proms by die Royal Albert Hall plaasgevind saam met die London Mozart Players wat deur Matthias Bamert gedirigeer is. Die program het Sally Beamish se Altvioolconcerto No 1 wêreld premiére ingesluit.
2959
Die jaar 833 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Mutasim volg Mamun op as kalief. Die Taoïstiese Vyf-Drake-tempel in Ruicheng, provinsie Shanxi kom klaar.
36181
Christiaan Andries van Niekerk (26 Augustus 1876 – 2 Januarie 1966) was ’n kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid vir Boshof van 1910-1924, ’n senator van 1924-1961 en die President van die Senaat van 1930-1940 en weer van 1948-1961. Chris van Niekerk is op 26 Augustus 1876 by Vegkop (Heilbron) gebore, waar hy groot word in ’n eenvoudige boerehuis, op die plaas Vaalkrans (6000 morg) tussen Heilbron en Kroonstad. Hy was reeds tien jaar oud toe hy vir die eerste keer ’n heining van doringdraad te siene gekry het. Die plaasskole van daardie tyd was maar ’n tref-en-trap storie en as die plaaswerk dit vereis het, moes die skool maar eers wag. Later is hy na Heilbron se skool en vandaar in 1892 na Wellington, Kaap. Op die ouderdom van 23 matrikuleer hy in Wellington en gaan studeer verder in die teologie by die Victoria Kollege op Stellenbosch. Skaars daar, toe breek die oorlog uit en hy kom sluit aan by die Middel-Valsrivierkommando en vertrek na die Natalse grens. Hy word gewond en teruggestuur na Heilbron vir verpleging.
55807
Benetice is 'n dorp in Tsjeggië met 30 inwoners. Benetice lê wes van die voet van de Žebrákovský koppie (601 meter) in die bosse van die Českomoravská vrchovina. Nabygeleë plekke is Svatojanské Hutě en Opatovice in die noorde, Horni Březinka in die ooste, Dolni Březinka in die suidooste, Pavlikov in die suidweste en Pavlov in die noordweste. www.benetice.eu
84181
Seelewe-uitwissing tydens die Fanerosoïkum % Miljoene jare gelede K–Pg Tr–J P–Tr Laat-D O–S Die Trias-Jura-uitwissing dui die grens aan tussen die geologiese periodes Trias en Jura 201,3 miljoen jaar gelede en is een van die "Groot Vyf" uitwissingsvoorvalle in die Aarde se geskiedenis. Dit het ’n enorme impak in die see en op land gehad. In die see het ’n hele biologiese klas (Conodonta) en 20% van alle families verdwyn. Op land het feitlik alle groot lede van die Crurotarsi (nie-dinosourus-agtige archosourusse) uitgesterf. Minstens die helfte van alle spesies wat in dié tyd geleef het, is uitgewis. Dit het ekologiese nisse op land vry gelaat van lewe en die dinosouruse in staat gestel om die Aarde tydens die Jurassiese Periode te oorheers. Die uitwissing het minder as 10 000 jaar geduur en het plaasgevind net voordat die superkontinent Pangea begin verbrokkel het. Verskeie teorieë bestaan oor hoekom die uitwissing plassgevind het, maar almal lei tot onbeantwoorde vrae. Statistiese ontledings van die verlies in die seelewe dui daarop dat dit eerder deur ’n afname in spesievorming veroorsaak is as deur ’n toename in uitwissings.
53333
Mikronesië (afgelei van Grieks: μικρός mikrós vir "klein" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "klein eilande") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van Japan, in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië en in die suidweste van Hawaii. Mikronesië beslaan 'n oppervlakte van 7 000 000 km² en het 'n bevolking van sowat een miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië. Die streek bevat vier eilandgroepe — Karoline-eilande, Gilberteilande, Mariana-eilande en Marshalleilande — en baie afgeleë eilande. Administratief is die eilande van Mikronesië tussen ses onafhanklike lande verdeel: Die Karoline-eilande is verdeel tussen Palau en die Gefedereerde State van Mikronesië, die Gilberteilande (saam met die Phoenix- en Line-eilande in Polinesië) word deur Kiribati beslaan, die Mariana-eilande is verdeel in twee eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Guam en die Noordelike Mariana-eilande, Nauru is 'n onafhanklike eilandnasie op die eiland met dieselfde naam en die Marshalleilande beslaan die eilandgroep met dieselfde naam.
63335
Die NG gemeente Middelburg (Kaap) was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die teenswoordige provinsie Oos-Kaap wat op 19 Mei 1852 gestig is as die 10de gemeente in die latere Sinode van Oos-Kaapland en die 49ste oudste gemeente in die NG Kerk, maar het op 13 September 2010 met die NG gemeente Middelburg-Uitsig saamgesmelt as die NG gemeente Middelburg-Karoo. Dit is die oudste gemeente wat amptelik ophou bestaan het of opnuut gestig is deur inlywing of samesmelting. Teen die middel van die 19de eeu het die gemeente Colesberg ook die wyk Rhenosterberg ingesluit. Vanweë swak vervoergeriewe destyds, asook die lang afstande na die kerk op Colesberg, het gemeentelede in hierdie verafgeleë wyk daarna gestreef om 'n afsonderlike gemeente te stig. Hierin is hulle gesteun deur lidmate in die aangrensende uithoeke van die gemeentes Graaff-Reinet, Cradock en Richmond. Nadat 'n naamlys van persone wat begerig was om 'n nuwe gemeente te stig, voorgelê is, het die kerkraad van Colesberg op 6 April 1852 soos volg besluit: “De Wel-Eerw.
259489
'n Pelsdiere is 'n klein soogdier wat geteel of gejag word vir sy pels. Pels is die versamelnaam vir voorbereide en behandelde huide van pelsdiere. Pels kan van sowel wilde as spesiaal geteelde diere afkomstig wees. Daar word al sedert die einde van die 19e eeu met pelsdiere geteel om in die wêreldvraag na pels te voorsien. Die eerste telerye is in Kanada en die VSA tot stand gebring. Voordat 'n pels gereed is om tot ʼn kledingstuk verwerk te word, moet dit 'n aantal bewerkings ondergaan. Dit moet byvoorbeeld ontvlees, gelooi en geskeer word. Pelssoorte wat nie te duur is nie, word soms gekleur. Diere wat die meeste ter wille van hul pelse gejag word, is sommige soorte wildsbokke (Afrika), Bewer (VSA), chinchilla (Suid-Amerika), eekhoring (Noordelike Halfrond), hamster (Duitsland), marter (Europa, Asië), mink (Amerikaanse nerts), oselot (Suid-Amerika), otter (Noord- en Suid -Amerika), sabeldier (Siberië) en konyn en rob (oor die hele wêreld).
29933
Antoinette Frissell Bacon, beter bekend as slegs Toni Frissell, was 'n Amerikaanse fotograaf, bekend vir haar modefotografie, foto's van die Tweede Wêreldoorlog en portrette van bekende Amerikaners en Europeërs en kinders en vrouens uit alle kringe van die lewe. Antoinette Frissell is op 10 Maart 1907 in Manhattan gebore, maar het foto's onder die naam "Toni Frissel" geneem, selfs ná haar huwelik met die Manhattanse sosiale swierbol, Francis M. Bacon III. Sy het met baie van die destyds bekende fotograwe gewerk, as 'n vakleerling van Cecil Beaton en saam met Edward Steichen. Haar aanvanklike werk as 'n modefotograaf vir Vogue in 1931, was te danke aan Condé Montrose Nast die stigter van Condé Nast Publications (die eienaar van o.a. Vogue en Vanity Fair). Sy het later foto's geneem vir Harper's Bazaar. Haar mode foto's, selfs die van aandrokke ens., was dikwels buitemuurs afgeneem, om die klem te lê op aktiewe vroue. In 1941 het Frissell as vrywillige fotograaf by die Amerikaanse Rooi Kruis aangesluit.
33833
Die Karibiese See (Engels: Caribbean Sea; Frans: Mer des Caraïbes; Haïtiaanse Kreools: lamè Karayib; Jamaikaanse Patois: Kiaribiyan Sii; Nederlands: Caraïbische Zee; Papiaments: Laman Karibe; Spaans: Mar Caribe) is 'n tropiese see in Sentraal-Amerika, suidoos van die Golf van Meksiko. Die water in die see is deel van die Atlantiese Oseaan. Die Karibiese See is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Christophorus Columbus het die Karibiese See tydens sy tweede reis (1493–1496) bereik. Die Karibiese See vorm saam met die Wes-Indiese Eilande die Karibiese gebied en beslaan 'n oppervlakte van sowat 2 754 000 km². Die Karibiese See word omring deur die Groot Antille in die noorde, die Klein Antille in die ooste, Suid-Amerika in die suide en Sentraal-Amerika in die weste. In die suidweste word die Karibiese See deur die Panamakanaal met die Stille Oseaan verbind. Die Karibiese See bevat 22 eilandgebiede en grens aan 12 vastelandse lande. Die Río Magdalena en Río Orinoco is van die belangrikste riviere wat in die Karibiese See uitmond.
55505
.pe is die Internettopvlakdomein vir Peru. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .pe
109631
Linde Beer is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Linde Beer matrikuleer in 1972 aan die D.F. Malherbe Hoërskool in Port Elizabeth en studeer dan verder aan die Universiteit van Port Elizabeth (tans Nelson Mandela-universiteit). Sy behaal in 1975 'n B.A.-graad met 'n onderskeiding in Afrikaans-Nederlands en Engels as haar ander hoofvak. In 1976 behaal sy die B.A. Honneurs-graad in Afrikaanse prosa en poësie met lof. Sy studeer voltyds vir haar M.A.-graad, wat sy in 1978 behaal met 'n verhandeling oor Kleur in die Afrikaanse poësie, terwyl sy ook van Januarie 1978 tot Junie 1978 as deeltydse lektor in die Departement van Afrikaans/Nederlands (UPE) optree. Van Januarie 1980 tot Februarie 2002 is sy dosent in Afrikaans in die Departement van Moderne Tale aan die Universiteit van Zimbabwe in Harare. Sy keer dan terug na Suid-Afrika, waar sy in 2003 kontrak-dosent en vanaf 2007 permanente dosent word aan die Departement van Afrikaans & Algemene Literatuurwetenskap by die Universiteit van Suid-Afrika. Aan hierdie universiteit registreer sy in 2009 vir 'n doktorsgraad (D.Litt. et Phil.-graad) met 'n studie oor Afrikaanse tekste oor die destydse Belgiese Kongo (DRK).
191497
Meru (Sanskrit: मेरु; Tibettaans: ཪི་རྒྱལ་པོ་རི་རབ་, Sumeru, Sineru of Mahameru) is die heilige berg met vyf pieke in die Hindoeïstiese, Djainistiese en Boeddhistiese kosmologie en word beskou as die middelpunt van al die fisiese, metafisiese en spirituele heelalle. Meru (Singalees: මහා මේරු පර්වතය) met die voorvoegsel su- gee die betekenis "Wonderlike Meru" of "Groot Meru". In ander tale is die naam: Chinees: 須彌山 Xūmíshān; Birmaans: မြင်းမိုရ် Myinmo, Khmer: ភ្នំព្រះសុមេរុ Phnom Preah So Mae. Baie bekende Hindoe-, Djanistiese en Boeddhistiese tempels is gebou as ’n simboliese verteenwoordiging van die berg. Die eienskappe wat aan Meru gegee word en verwys na die berg as deel van die Kosmiese Oseaan, met stellings soos "Die Son en al die planete wentel om die berg", maak dit volgens die meeste geleerdes moeilik om die ligging vas te stel. Sommige navorsers vereenselwig Meru of Sumeru met die Pamirgebergte noordwes van Kasjmir. Die Sanskrit geskrif Suryasiddhanta noem dat die berg Meru in "die middel van die Aarde" (bhurva-madhya) lê, in die land van die Jambunad (Jambudvip).
32001
Die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk is ’n letterkundeprys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat oorspronklik driejaarliks toegeken is vir ’n vertaling in Afrikaans van hoogstaande gehalte. Dit het ontstaan in 1948, nadat die Akademie se keurkomitee van die Hertzogprys vir Drama niks bekroonbaars in die Afrikaanse drama kon vind nie. Dieselfde genre-indeling (prosa, poësie, en drama) word gevolg as by die Hertzogprys, met vertaling uit enige taal, maar met berekening van die aansien wat die vertaalde stuk binne sy eie letterkunde het, en in ag genome die juistheid en algemene geslaagdheid van die vertalingswerk. Die prys word tans (2005) geborg deur Nedbank. 1948 – J.P.J. van Rensburg (Die vroue van Troje – Euripides) 1952 – T.J. Haarhoff (Die antieke drama – Aeschylus, Sophokles en Euripides) 1956 – Uys Krige (Yerma – Federico García Lorca) 1963 – J.P.J. van Rensburg (Antigone – Sophokles) 1966 – W.J. du P. Erlank (Macbeth – Shakespeare) 1969 – Uys Krige (Twaalfde Nag – Shakespeare);
106149
'n Nitraat is 'n sout wat die komplekse anioon NO3- of 'n ester wat die -ONO2-groep bevat. Hierdie ioon is die suurres van salpetersuur HNO3. Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is 5+ (V) en nitrate is oksiderende stowwe wat baie goed in water oplosbaar is. Ammoniumnitraat is die belangrikste stof in kunsmis. Deur gebruik van hierdie bemesting kan nitrate bydra tot eutrofikasie. Nitrate kan ook deur bemesting ons voedsel besoedel of daaraan toegevoeg word. Nitraat self is nie baie giftig nie, maar bakterië kan dit omsit in nitriet wat giftig is. Ammoniumnitraat Kaliumnitraat Lys van anione Kategorie:Karbonaat- en nitraatminerale Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570 aqion. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
113874
Smaak, gustatoriese persepsie, of smaaksin is een van die vyf tradisionele sintuie wat tot die gustatoriese stelsel behoort. Smaak is die sensasie wat voortgebring word wanneer 'n stof in die mond chemies reageer met reseptorselle wat geleë is op smaakknoppies in die mondholte - meestal op die tong. Smaak, saam met reuk (olfaksie) en trigeminale senuwee stimulasie (die registrasie van tekstuur, pyn en temperatuur), bepaal geure van kos of ander stowwe. Mense het smaakreseptore op smaakknoppies en ander gebiede, insluitend die boonste oppervlak van die tong en die keelklep. Die tong is bedek met duisende klein knoppies wat papillae genoem word en wat sigbaar is met die blote oog. Binne elke papil is daar honderde smaakknoppies. Die uitsondering hierop is die filiform papillae wat nie smaakknoppies bevat nie. Daar is tussen 2000 en 5000 smaakknoppies wat agter op die tong en op die voorkant van die tong geleë is. Ander is geleë op die dak, kante en agterkant van die mond, en in die keel. Elke smaakknoppie bevat 50 tot 100 smaakreseptorselle. Die sensasie van smaak sluit vyf basiese smake in: soet, suur, sout, bitterheid, en umami.
35755
N'Djamena (Arabies: نجامينا; voorheen: Fort-Lamy) is die hoofstad en grootste stad in Tsjad. In 2009 was die bevolking 951 418. Dit is net oos van die grens tot Kameroen langs die Sharirivier en suid van die Tsjadmeer geleë. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie N'Djamena. (en) Toerisme-inligting oor N'Djamena op Wikivoyage (en) "N'Djamena". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 April 2019. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
62877
Die Universiteit Leiden is in 1575 opgerig en as sodanig die oudste universiteit in Nederland. Die instelling het sewe fakulteite en meer as 18 000 studente (akademiese jaar 2009-'10). Die naam van die universiteit was tot 1998 "Rijksuniversiteit Leiden". Afgestudeerdes van die universiteit het tot dusver 16 Nobelpryse ontvang. Die universiteit is in 1575 gestig deur Willem van Oranje. Destyds was dit vir die Noordelike Nederlande belangrik om hul eie geestelikes te kon oplei in die nuwe teologie en in Nederlands en dat goed opgeleide manne beskikbaar gestel kon word voor die land en die landsregering. Daar word aanvaar die keuse het op Leiden geval as 'n geskenk van Willem van Oranje na die stad se ontsetting. Hy het die universiteit befonds met die Katolieke geestelike besittings waarop die staat beslag gelê het. Die universiteit is op 8 Februarie 1575 in die Pieterskerk ingewy.
31465
Manaus is 'n stad in die noorde van Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Amazonas. Die stad het 'n bevolking van 1 832 423 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 11 401,058 km². Die stad is 'n algemene vertrekpunt vir toeriste wat die Amesonerivier-beken en die omliggende reënwoud besoek. Omtrent 50% van die bevolking in Amazonas woon in die stad. Manaus is net wes van die monding van die Rio Negro in die Amesonerivier geleë. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Manaus. (pt) ibge.gov.br: Área territorial oficial (pt) ibge.gov.br: Estimativa Populacional 2011 (pt) seplan.am.gov.br: Perfil Municipal - Manaus Geargiveer 31 Julie 2013 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
58245
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Punjabi's. Pandjabi (Gurmukhi: ਪੰਜਾਬੀ, pãjābī; Sjahmukhi: پنجابی‬, paṉjābī, [pʌnˈdʒɑːbi]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 100 miljoen mense, veral Punjabi's, in die historiese distrik Punjab van Indië en Pakistan gepraat word. Pandjabi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Punjab. In Pakistan is Pandjabi nie 'n amptelike taal nie, maar wel 'n streektaal in Punjab en die mees gebruikte taal in Pakistan, nog voor die amptelike taal Oerdoe. Pandjabi is wêreldwyd die tiende belangrikste taal. Pandjabi bestaan uit 'n oostelike en 'n westelike dialek. Dit is die naaste verwant aan Dogri en Sindhi. Die Sikhs gebruik Pandjabi as seremoniële taal in die Gurmukhi-alfabet, terwyl Hindoes die Devanagari-alfabet gebruik en Pakistani's die Shahmukhi-alfabet. In Sikhisme is Pandjabi onder meer die taal van die heilige skrifte Adi Granth. Pandjabi-Wikipedia "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Punjabi, Eastern" (in Engels). Ethnologue.
126230
Die geheue van water is die beweerde vermoë van water om 'n "geheue" te behou van stowwe wat voorheen daarin opgelos was, selfs na 'n arbitrêre aantal reeksverdunnings. Dit word as 'n meganisme aangevoer waardeur homeopatiese middels sou kon werk, selfs wanneer hulle verdun is tot op die punt dat nie 'n enkele molekule van die oorspronklike stof oorbly nie. Die geheue van water is nie met standaard fisiese chemie versoenbaar nie en word nie deur die wetenskaplike gemeenskap aanvaar nie. In 1988 het Jacques Benveniste 'n omstrede studie in Nature gepubliseer wat 'n watergeheue effek ondersteun het. Die studie is vergesel deur kommentaar van redakteur John Maddox wat lesers aangeraai het om hulle eie oordeel voor te behou totdat die resultate gereproduseer sou word. In die jare na die publikasie is verskeie eksperimente uitgevoer deur Benveniste se span, die VSA se Departement van Verdediging, BBC se Horizon program en ander navorsers. Geen span het egter ooit Benveniste se resultate onder beheerde toestande herhaal nie. Benveniste was 'n Franse immunoloog wat probeer het om die geloofwaardigheid van homeopatiese middels "onafhanklik van homeopatiese belange" in 'n gesaghebbende wetenskaplike tydskrif te publiseer.
119228
'n Alkaan is 'n koolwaterstof met die algemene formule CnH2n+2. Alkane is versadigde verbindings. Hulle bevat net enkelbindings. Die eenvoudigste alkane is dié wat lineêre kettings vorm. Hulle name eindig met -aan en die wortel van die naam gee aan hoeveel koolstofatome hulle bevat: met- vir n=1: CH4, et- vir n=2 C2H6 ensomeer. Elke koolstofatoom het 'n tetraëdriese omringing en die bindingshoeke is dus ongeveer 109 grade groot. Die kettings is daardeur sig-sagkettings in hul uitgestrekte toestand. Die groepe rondom 'n enkelbinding kan vry roteer en daardeur kan langer kettings in vloeistowwe 'n lukraak opgerolde konformasie besit. Omrede die elektronegatiwiteit van koolstof en waterstof min verskil is alle dipole amper nul. Verder word hulle in die tetraëdriese omringing gekanselleer. Alkane is daardeur nie-polêr en hul intermolekulêre wisselwerkings word heeltemal deur dispersiekragte of vanderwaalskragte gekenmerk. Die grootte van die dispersiekragte word veral deur die aantal elektrone van 'n molekuul bepaal. Die ligte alkane, metaan, etaan, propaan en butaan is daardeur by kamertemperatuur gasse, pentaan, heksaan ensomeer is vloeistowwe en die swaarder alkane is wasagtige vastestowwe. 'n Alkaan met baie lang kettings is die polimeer poliëtileen.
104054
Erosie is 'n geologiese proses waar materiaal (afsettings, gesteentes en grond) van 'n landskap verwyder of verskuif word. Op Aarde vind erosie veral deur die werking van wind, lopende water, ys en gravitasie plaas. Minder algemene oorsake is vulkanisme en die impak van meteoriete. Natuurlike faktore wat erosie kan veroorsaak is neerslag intensiteit, die vorm en helling van die terrein, asook die grondtipe. Sanderige grond is byvoorbeeld meer geneig tot winderosie; slik grond meer tot watererosie. Sekere menslike aktiwiteite, soos die afkap van woude, ploeg van lande, en en oorbeweiding, kan ook erosie veroorsaak. Erosie moet nie met verwering verwar word nie. Die verskil tussen erosie en verwering is dat erosie die materiaal verskuif. Verwering kan die materiaal in stukkies breek (meganiese verwering) of chemies verander (chemiese verwering), maar dit sal op dieselfde plek bly. Dit is wel so dat verweerde materiaal dikwels makliker erodeer (weggevoer word). Gevolge van erosie Grond erosie is die verlies van vrugbare grond. By die negatiewe effekte van erosie word tussen «on-site» (effekte op die betrokke gebied self) en «off-site» (effekte op naburige gebiede) effekte onderskei.
27696
Sleeswyk-Holstein (Duits: Schleswig-Holstein [ˈʃleːsvɪç ˈhɔlʃtaɪ̯n] luister (hulp·inligting), Deens: Slesvig-Holsten, Noord-Fries: Slaswik-Holstiinj, Nederduits: Sleswig-Holsteen) is die mees noordelike deelstaat van die Federale Republiek van Duitsland en word dikwels as die "Land tussen die mere" (Noord- en Oossee) beskryf. Sedert die stigting van die huidige deelstaat op 23 Augustus 1946 dien die hawestad Kiel as die administratiewe hoofstad. Met 'n oppervlakte van 15 799,65 vierkante kilometer is Sleeswyk-Holstein – behalwe vir die stadstate Berlyn, Vrye en Hansestad Hamburg en Vrye Hansestad Bremen – die kleinste Duitse deelstaat ná die Saarland. Sleeswyk-Holstein grens in die noorde aan Denemarke, aan die deelstate Hamburg en Nedersakse in die suide en Mecklenburg-Voorpommere in die suidooste. Sleeswyk-Holstein vorm in geografiese opsig die suidelike gedeelte van die skiereiland Jutland (Duits: Jütland, Deens: Jylland) en word omsluit deur die Noordsee in die weste, die Oossee en Mecklenburg-Voorpommere in die ooste, Hamburg en Nedersakse in die suide en Denemarke in die noorde. Die belangrikste landskappe in wes-oostelike-rigting is die Marsch, die Geestland en die Oostelike Heuwelland.
22
Biologie is die vakgebied van die bestudering van die verskillende vorme van lewende organismes. Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing. Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word; as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale: Op atoom- en molekulêre skaal, deur molekulêre biologie, biochemie en in 'n mate genetika Op sellulêre skaal, deur selbiologie Op multisellulêre skaal, deur fisiologie, anatomie en histologie Op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van 'n individuele organisme, deur ontwikkelingsbiologie. Op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate, deur genetika. Op die vlak van groepsgedrag, deur etologie Op die vlak van individuele wisselwerkings tussen die organismes, deur sosiobiologie Op die vlak van 'n hele bevolking, deur bevolkingsgenetika Op ’n multispesieskaal van herkoms, deur sistematika Op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat, deur ekologie en evolusionêre biologie Spekulatief op die vlak van lewe buite die Aarde, deur xenobiologie.
5398
Biochemie is die studie van biologiese molekules soos proteïene en nukleïnsure en hulle interaksies met mekaar, hul sintese, hul metabolisme as ook die effek van ander chemiese stowwe soos farmaseutiese middels en gifstowwe op die metabolisme van 'n organisme. Organismes moet energie vanaf hul omgewing verkry om al hul lewensnoodsaaklike funksies te verrig. Die energie word verkry in die vorm van kos wat deur die organisme geëet word. Die kos word afgebreek en geassimileer deur die liggaam. Die mens se liggaam se hoofbron van energie is koolhidrate wat verkry word uit voedsel produkte soos brood, aartappels en mielies. Koolhidrate word deur die spysverterings kanaal afgebreek tot glukose of ander eenvoudige suikers soos fruktose en galaktose waarna die suikers in die bloed opgeneem word om aan al die ledemate energie te verskaf. Die suikers word deur selle opgeneem met die hulp van spesifieke transport ensieme wat energie vanaf ATP gebruik om die suikers oor die selmembraan te vervoer. In die sitoplasma van die sel word die suiker afgebreek deur die glikolise padweg na asetiel-KoA. Asetiel-KoA word dan deur die mitochondrion se dubbel membraan vervoer om aan die Kreb-siklusdeel te neem waarin NADPH en NADH hul waterstof atome toegevoeg word.
95608
Wilhelm Marx (Keulen, 15 Januarie 1863 – Bonn, 5 Augustus 1946) was 'n Duitse regsgeleerde en politikus. Hy was twee keer die rykskanselier (regeringsleier) van die Republiek van Weimar ('n vroeër inkarnasie van Duitsland). Marx was die seun van 'n onderwyser. Hy studeer regte in Bonn en werk daarna veral by howe, onder meer as 'n regter. Van 1907 tot 1921 was hy 'n appèlregter (Oberlandesgerichtsrat) in Düsseldorf en later senaatspresident van die appèlhof (Kammergericht) in Berlyn. As 'n lid van die katolieke sentrumsparty (Deutsche Zentrumspartei) dien hy vanaf 1899 in die parlement van Pruise en vanaf 1910 in die Duitse parlement (die Ryksdag). As 'n rustige bemiddelaar het hy homself veral op onderwys en kultuur toegespits. In November 1923 word Marx vir die eerste keer rykskanselier. Hy het twee kabinette tot Januarie 1925 gehad, en nog twee kabinette van Mei 1926 tot Junie 1928. Tussenin was hy 'n minister onder die partylose rykskanselier, Hans Luther. Aan die begin van 1925 was Marx vir 'n maand die minister-president van Pruise.
44108
Hierdie artikel bespreek die heropbou van Europa na die Eerste Wêreldoorlog. Die wapenstilstand wat 'n oorwonne Duitsland aan die end van die Eerste Wêreldoorlog aanvaar het, het hom in 'n weerlose toestand gelaat waarin dit vir hom heeltemal onmoontlik was om gewapende weerstand voort te sit. Al waarop hy nog kon hoop, was 'n finale vrede volgens die beginsels neergelê in president Wilson se beroemde ,,Veertien Punte" wat hy in Januarie 1918 wêreldkundig gemaak het. Hierdie beginsels is aanvaar as 'n basis vir 'n duursame vrede. Vredesverdrae, só het president Wilson verklaar, moes in die openbaar opgestel word en nie deur geheime diplomasie nie. Die vryheid van die see moes vasgestel word, en bewapening moes internasionaal beperk word. Alle gebied in België, Frankryk, Italië en die Balkan wat deur vyandelike moondhede beset was, moes ontruim en teruggegee word en die herafbakening van grense moes op die basis van duidelik waarneembare nasionaliteitsgrense geskied. Pole moes as 'n onafhanklike staat met toegang tot die see opgerig word. Ten slotte moes 'n algemene bond van volke van die hele beskaafde wêreld gevorm word wat toekomstige oorloë moes voorkom.
12928
Die Levant (Arabies: المشرق /ʔal-maʃriq/; Italiaans vir: "sonop") is 'n geografiese term wat soms gebruik word om na die lande van die oostelike Middellandse See te verwys, wat alle gebiede oos van Italië insluit, veral die kusgebied van Klein-Asië, Libanon, Sirië en Egipte. Die historiese gebruik van die term beperk die geografiese gebied van die Levant tot die kusgebiede en die agterland, wat groot dele van die huidige Sirië, Jordanië, Libanon en Israel insluit. Die Levant word deur die uitgebreide seehandel van Italiaanse stadstate in die tydperk van die kruistogte 'n belangrike handelsplek vir Middeleeuse Europa en hanteer veral handelsware uit Oosterse lande, wat oor die Indiese Oseaan en die karavaanroetes vervoer is, en die Europese uitvoerprodukte soos linnegoed. Die handel met die Levant maak van hawens soos Genua en Venesië welvarende stede. Die handel kom later tot stilstand a.g.v. die magsuitbreiding van die Ottomaanse Ryk en sy ekonomiese blokkade, wat teen die middel van die 15de eeu begin. Met die ontdekking van nuwe seeroetes tydens die 15de en 16de eeu word die Levant heelaas minder belangrik.
57667
Karl August Leopold Böhm (28 Augustus 1894 – 14 Augustus 1981, Graz) was 'n Oostenrykse dirigent wat algemeen beskou word as een die grootste simfonie- en operadirigente van die 20ste eeu. Hy is bekend vir sy opvoerings van musiek van Wolfgang Amadeus Mozart, Richard Wagner en Richard Strauss. Karl Böhm by AllMusic Karl Böhm in die Internet-rolprentdatabasis Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
76649
Die Witooievaar (Ciconia ciconia) is 'n algemene trekvoël wat voorkom in Suider-Afrika. Die voël is 100 – 120 cm groot en weeg 2.4 – 4 kg. In Engels staan die voël bekend as White Stork. 'n Jong Witooievaar wat 'n insek vreet. In vlug. Let op hoe hulle hulle nekke reguit trek as hulle vlieg. Witooievaars vermy gewoonlik gebiede met lang gras of ruig plantegroei. Migrasie oor Israel. Neste in Spanje. Witooievaars besig om te paar in Italië. Eier van 'n Witooievaar. Dit is waarskynlik die beroemdste lid van die orde en staan in Suid-Afrika ook bekend as die groot wit sprinkaanvoël. Hulle broei in Europa, maar wanneer die Europese winter aanbreek, verhuis hulle in swerms van 300 of meer na Afrika. In die somermaande kom hulle in groot getalle voor oor die hele Suid-Afrika van die Kaap tot aan die Limpopo, en gevalle is selfs bekend van Witooievaars wat in Suid-Afrika broei. Aangesien hulle sprinkane, wurms en verskeie insekte vreet, is hulle baie gewild by die boer. In Europa maak hulle nes op die dakke van woonhuise, kerke en ander geboue.
59526
Jaco du Plessis of Jay soos hy bekend staan, is 'n Afrikaanse sanger. Hy is op 11 September 1977 gebore in Sasolburg en het gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord. Na skool het hy by die lugmag aangesluit en was ook deel van die Kannaries-sanggroep. Hierna het hy musiekteater betree en was in verskeie verhoogproduksies betrokke. Hy en sy vrou het vier seuns, Aiden, Samuel, Luka en Jamie. In 2001 wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand. Die album wat hieruit volg is vir twee GMT-toekennings benoem, waarvan hulle die toekenning vir Beste Pop Album ontvang het. Hy was ook deel van die seun-sanggroep Eden gewees, waarna hy 'n solo sangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, SOLO, het reeds platinumstatus verbygesteek en is bekroon met twee Huisgenoot Tempo-toekennings: Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies. Point of No Return (2003) (met Eden) Eden (2006) (met Eden) Knieë Lam (2008) (met Eden) Dekade (2009) (met Eden) Solo (2010) Bonnie en Clyde (2012) (met Lianie May)
107232
Marianna Brandt (2 November 1952, Kaapstad –) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Marianna Brandt is op 2 November 1952 in Kaapstad gebore as een van vier dogters en word groot op Swakopmund in Namibië. Op jong ouderdom verloor sy haar polisiemanpa in 'n helikopter-ongeluk. Na skool studeer sy in die Vrystaat en word 'n Mediese Tegnoloog in Chemie. Hierna werk sy vir ongeveer tien jaar in verskeie laboratoriums landwyd. Sy onderneem dan 'n oorsese reis en besoek Europa, die Verre Ooste en Israel. By haar terugkeer sluit sy in 1982 by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aan, waar sy ongeveer vyftig stories vir Siembamba skryf. Haar gewilde Poppie-Dot karakter maak haar buiging op hierdie program. Daarna sluit sy aan by 'n videomaatskappy wat hoofsaaklik kinderprente vir Bop-TV maak, maar sy skryf ook draaiboeke vir die opvoedkundige mark. Een van haar projekte hier is die programreeks oor The human universe, waarin sy haar mediese agtergrond kan gebruik om vir almal, maar veral vir kinders, meer te vertel oor die wondere van die menslike liggaam. Sy help ook met navorsing en verfilming vir die televisieprogram Uit en tuis.
55614
.uy is die Internettopvlakdomein vir Uruguay. Lys van Internettopvlakdomeine IANA se whois-inligting vir .uy
121884
Die Kanaaldeurbraak of Unternehmen Cerberus (Operasie Cerberus) was 'n operasie deur die Nazi-Duitse vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. 'n Duitse vlooteskader wat bestaan het uit altwee die Scharnhorst-klas slagkruisers en 'n swaarkruiser, die Prinz Eugen het van 11–13 Februarie 1942, met die hulp van Duitse lug- en seebeskerming, 'n Britse blokkade van die Engelse Kanaal getroef. Die groep het vanuit Brest, Bretagne in besette Frankryk vertrek waar hulle 'n latente bedreiging vir Britse Trans-Atlantiese konvooie was. By Brest en La Pallice is die Duitse vlootskepe gereeld sedert Maart 1941 deur die Britse Lugmag (RAF) se bomwerpers en die RAF Kuswag se torpedo-bomwerpers aangeval. Periodieke skade is aangerig aan die skepe, met die gevolglike vermindering van hul seewaardigheid. Teen die einde van 1941 het Adolf Hitler sy Oberkommando der Mariene (OKM) beveel om 'n operasie te beplan om die slagskepe terug te bring na Duitse basisse om teen 'n moontlike Britse inval van Noorweë te waak. Die korter roete deur die nou Engelse Kanaal is verkies om 'n ompad rondom die Britse Eilande te verhoed, tot voordeel van verrassing en lugbeskerming deur die Luftwaffe.
283688
Ed Ames (gebore 9 Julie 1927) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Daniel Boone: Frontier Trail Rider (1966) en The War Wagon (1967), en in die televisiereekse Daniel Boone (1964) en Greatest Heroes of the Bible (1978). 1966: Daniel Boone: Frontier Trail Rider 1967: The War Wagon 1995: Treasure House: The Utah Mining Story 1955: The Ames Brothers Show 1964: Daniel Boone 1967: The Danny Thomas Hour 1968: Operation: Entertainment 1974: Kodiak 1978: Greatest Heroes of the Bible 1967: Androcles and the Lion 2007: My Music: 50s Pop Parade Ed Ames in die Internet-rolprentdatabasis
108342
Apache kan na een van die volgende verwys: Lid van 'n inheemse Amerikaanse Apache stam in die suidwestelike dele van die VSA. Die Apache-webbediener. Die Apache Helikopter wat deur Boeing vervaardig word.
83646
Ramansdrif(t) is ‘n kampeerterrein op ‘n 4X4-roete op die noordoewer van die Oranjerivier. Hierdie afgeleë plek is in die Karas-streek van Namibië, 9½km stroomop van Goodhouse in die rigting van die plaas Hakiesdoorn en die kampeerterrein Die Groot Melkboom, wes van Marteneiland, naby die Sandfontein Lodge en by die koördinaate 28° 52′ 59″ suid en 18° 21′ 0″ oos. ‘n Ekspedisie onder Willem van Reenen (1756-1806) het reeds op 30 Oktober 1791 hier die Oranjerivier oorgesteek om goud, koper en beeste noord van die rivier te soek. Francois le Vaillant het ‘n waterverfsklildery nagelaat wat bewys dat hy ook die plek besoek het. Le Vaillant-piek dra daarom sy naam. Hierdie drif was in die 19de eeu op die hoofroete tussen die Kaapkolonie en Duits-Suidwes-Afrika. By Ramansdrift was ‘n pont, ‘n Duitse militêre pos en ‘n winkel en poskantoor. Die Duitse kolonie het hierlangs baie lewensmiddele vanaf Kaapstad verkry. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Suid-Afrikaanse magte Duits-Suidwes-Afrika hier op 12 Januarie 1915 binnegeval. Green, Douglas G.: To the river's end.
93228
Memphis kan verwys na: Memphis, 'n antieke Egiptiese stad Memphis, 'n stad in die Amerikaanse staat Tennessee
208562
Jamie Gillis (20 April 1943 – 19 Februarie 2010) was 'n Amerikaanse akteur, assistentregisseur, en regisseur.
289028
Die termosfeer (van die Griekse θερμός thermos, "hitte") is die laag van die Aarde se atmosfeer reg bo die mesosfeer en reg onder die eksosfeer. In dié laag veroorsaak ultravioletstraling foto-ionisasie/fotodissosiasie van molekules en skep dit ione in die ionosfeer. Die termosfeer begin omtrent 80 km bo seevlak. Die temperatuur neem met die hoogte toe vanweë die absorpsie van uiters energieke sonstraling. Temperature hang nou af van sonaktiwiteit en kan tot 1 700 °C of meer bereik. Straling maak dat die atmosfeerdeeltjies in dié laag elektries gelaai raak (sien ionosfeer). Dit speel ’n belangrike rol by die voortplanting van radiogolwe, aangesien radiogolwe onder bepaalde toestande na die aarde teruggekaats word. In die eksosfeer, vanaf sowat 600 km bo seevlak, verander die atmosfeer in die ruimte, hoewel die termosfeer volgens die definisie van die Kármán-lyn self deel van die ruimte is. Die hoogs verdunde gas in dié laag kan bedags temperature van 2 500 °C bereik. Ondanks dié hoë temperature sal ’n waarnemer of voorwerp koue temperature in die termosfeer ervaar, want die besonder lae digtheid van die gas maak dat die molekules nie hitte kan oordra nie.
311342
Slaapapnee is ’n steuring wat veroorsaak dat tussenposes in asemhaling of tydperke van vlak asemhaling meer dikwels as normaalweg gedurende slaap voorkom. Elke tussenpose kan van ’n paar sekondes tot ’n paar minute duur en hulle kom baie kere per nag voor. In die meeste gevalle veroorsaak dit dat die persoon hard snork. Daar kan ’n verstikkende of snorkende geluid wees wanneer asemhaling hervat word. Omdat die steuring ’n normale slaappatroon versteur, kan mense wat daaraan ly deur die dag moeg of slaperig voel. By kinders kan dit hiperaktiwiteit of probleme in die skool veroorsaak. Slaapapnee kan óf obstruktiewe slaapapnee wees, waar asemhaling onderbreek word deur ’n verstopping van die lugvloei, óf sentrale slaapapnee, waar gereelde, onbewuste asemhaling bloot ophou, óf ’n kombinasie van die twee. Obstruktiewe slaapapnee is die algemeenste vorm. Risikofaktore sluit in oorgewig, ’n familiegeskiedenis van die probleem, allergieë, ’n klein lugweg en vergrote mangels. Sommige mense is onbewus daarvan dat hulle die toestand het. In die meeste gevalle kom ’n gesinslid dit die eerste keer agter. Slaapapnee word dikwels deur middel van ’n slaapstudie deur die nag gediagnoseer.
374510
Romulea sinispinosensis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Romulea behoort en is deel van die strandveld en fynbos. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom voor by Doringbaai en Velddrif. Die spesie het 'n voorkoms gebied van 760 km2 en daar is twee sub populasies. Die plant het habitat afgestaan aan mynbou aktiwiteite, onder andere diamant ontginning. Dit word ook bedreig deur moontlike ontwikkeling van fasiliteite vir toerisme. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1554-83 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:440841-1
29892
In elektronika is 'n geïntegreerde stroombaan is 'n miniatuur elektroniese stroombaan wat hoofsaaklik bestaan uit halfgeleiertoestelle asook passiewe komponente wat in die oppervlak van die dun halfgeleiersubstraat ingebou is. Geïntegreerde stroombane is moontlik gemaak deur eksperimentele ontdekkings wat getoon het dat halfgeleiertoestelle die funksies van vakuumbuise kon verrig én deur tegnologiese vooruitgang wat in die middel 20ste eeu plaasgevind het ten opsigte van die vervaardiging van halfgeleiertoestelle. Die integrasie van groot hoeveelhede klein transistors op 'n klein skyfie was 'n groot verbetering op die bou van stroombane met die hand deur van diskrete elektroniese komponente gebruik te maak. Die vermoë om geïntegreerde stroombane in groot maat te produseer, die betroubaarheid en bousteen benadering tot stroombaanontwerp het verseker dat gestandardiseerde GS'e baie vinnig aanvaarding gevind het in die ontwerp van stroombane in die plek van diskrete transistors. Daar is twee hoofvoordele van geïntegreerde stroombane bo diskrete stroombane: koste en werkverrigting. Die koste is laag omdat die skywe, met al hul komponente, as 'n eenheid gedruk word deur middel van fotolitografie en nie een vir een transistor op 'n slag gebou word nie.
30828
Hoërskool Hercules is 'n Afrikaanse hoërskool wat op die hoek van Jennings- en Ribbensstraat in Daspoort, Pretoria geleë is. Die skoolhoof is mnr JJ Enslin. Die skool is in 1941 gestig as Hercules Junior Hoërskool. Die skool open die daaropvolgende jaar in Januarie 1942 met 186 leerlinge. Die eerste skoolhoof was Mnr. S. Kruger (1942–1961) en die skool se leuse was: "Vas vat, dit moet" Verskeie veranderings word in 1953 aangebring, onder andere: Die skool se leuse word verander na: “GROEI” (vir Geregtigheid, Regverdigheid, Opregtheid, Eerlikheid, Integriteit). Die leuse is afkomstig uit die Bybel, Psalm 92 vers 6. Die skoolwapen verander met die nuwe leuse asook die naam "Hoërskool Hercules". Die skooluniform is groen. Die skoollied, geskryf deur Mnr. C.J. Lamprecht, word in gebruik geneem. Na die stigting van Hoërskool Hercules, is Hoërskool Tuine en Hoër Tegniese Skool Tuine gestig. Die skoollied, soos deur Mnr. C.J. Lamprecht geskryf: Leerlinge van Hoërskool Hercules Geargiveer 24 Januarie 2010 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie.
27864
Torlengua is 'n munisipaliteit in die provinsie Soria in die Spaanse outonome gebied Kastilië en León. Hierdie Spanje-verwante artikel is 'n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.
76911
Oruro is 'n stad in Bolivië‎ met 'n bevolking van 240 966. Die stad is op 1 November 1606 deur Spanjaarde onder Don Manuel Castro de Padilla gestig. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
115761
Wilhelm Louis Liebenberg is ’n anti-apartheidsaktivis en ’n Afrikaanse skrywer. Hy was 'n lektor in Afrikaans aan Rhodes-universiteit in Grahamstad en later die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. Wilhelm Liebenberg is oorspronklik van die Kaap en studeer aanvanklik ingenieurswese. Hy het grade van die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad, voordat hy die Drs.Litt.-graad in Utrecht in Nederland behaal en daarna in 1991 sy Ph.D.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand. Die titel van sy proefskrif is “Die begrip ‘teken’ in ‘Tristia’ van N.P. van Wyk Louw”. Hy is in die tagtigerjare verbonde aan Rhodes-universiteit en daarna as senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is ’n spesialis in die studievelde van Literêre Teorie en Vergelykende Letterkunde en dien ook op die bestuur van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap. Tydens die tagtigerjare neem hy deel aan die politieke struggle in die Oos-Kaap en aan die Rand en is hy besonder aktief in die bedrywighede van die veelrassige United Democratic Front en die Mass Democratic Movement en is ’n ampsdraer van die Johannesburg Democratic Action Committee.
126423
Ds. Izak Jacobus Lessing (8 Junie 1906 – 12 Julie 1986) was tussen 1932 en 1948 predikant in twee Gereformeerde werkkringe en daarna tot sy aftrede in 1977 as sekretaris-penningmeester aan die Kerk se Administratiewe Buro op Potchefstroom verbonde. Hy het die grade B.A., B.D. en M.A. (Sielkunde) aan die Teologiese Skool Potchefstroom en die PUK verwerf. Op 26 Februarie 1932 is hy in die Gereformeerde kerk Barkly-Oos deur ds. Dirk Postma van Burgersdorp bevestig. In die nadraai van die Groot Depressie was dit ’n uitdagende bediening, des te meer veeleisend gemaak deur die koue van die Stormberge. Gedurende sy bediening in Barkly-Oos is twee belangrike mylpale in die kerkgeskiedenis van Suid-Afrika bereik, naamlik die ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel en die Afrikaanse psalmberyming. Op die kerkraad se vergadering van 23 Junie 1933 is aangekondig dat die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerk wat in daardie jaar in Pretoria byeengekom het, besluit het dat kerkrade die Afrikaanse Bybel in gebruik kon neem sodra dit verskyn het. Die saak is bespreek en van die kant van die kerkraad was geen beswaar daarteen om die Afrikaanse Bybel te aanvaar nie.
208427
Spencer Fox (gebore 10 Mei 1993) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en komponis. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Incredibles (2004) en The Groomsmen (2006), en in die televisiereeks Kim Possible (2002). 2004: The Incredibles 2006: The Groomsmen 2002: Kim Possible 2012: Gentlemen's Auto Club Spencer Fox in die Internet-rolprentdatabasis
294707
Fayez Mustafa al-Sarraj (Arabies: فائز السراج of فايز السراج; gebore op 20 Februarie 1960) is die voorsitter van die Presidentsraad van Libië en premier van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libië, op 17 Desember 2015 gestig kragtens die Libiese politieke ooreenkoms. Hy was lid van die parlement van Tripoli. Ondanks die vorming van die GNA het die land onstabiel gebly. Al-Sarraj se regering het gesukkel om sy gesag oor Libië uit te oefen, veral in die oostelike streek waar hy 'n bitter burgeroorlog teen die Libiese nasionale leër veg. Hierdie milisiegroep onder leiding van generaal Khalifa Haftar is ondersteun deur belangrike buitelandse ondersteuners, onder meer Rusland, die VAE, Egipte en ander. Al-Sarraj, wat in Tripoli gebore is, is afkomstig van 'n ryk grondeienaarsfamilie van Turkse oorsprong. Sy vader, Mostafa al-Sarraj, was 'n minister tydens die Libiese monargie. Fayez al-Sarraj is opgelei as argitek en tydens die Moeammar al-Ghaddafi-era was hy werksaam by die Ministerie van Behuising. In 2014 dien hy as Minister van Behuising en Dienste in die Maiteeq-kabinet van die GNC.
1759
Die jaar 1565 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 1 Maart – Estácio de Sá stig die stad Rio de Janeiro (Brasilië). 12 Maart – Pous Pius IV stel nog 23 kardinale aan waaronder Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII). 13 Julie – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) word pouslike gesant na Spanje. 9 Desember – Pous Pius IV, die 224ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1499).
8563
Argentinië (Spaans: Argentina, [aɾxenˈtina], luister (hulp·inligting)), amptelik die Argentynse Republiek (Spaans: República Argentina), is 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika, tussen die Andesgebergte in die weste en die suidelike Atlantiese Oseaan in die ooste. Die naam "Argentinië" is afgelei van die Latynse woord argentum (silwer), 'n edelmetaal wat 'n belangrike rol gespeel het in die opkoms van Europese kolonialisme in Argentinië. Argentinië grens in die noorde aan Bolivië en Paraguay, in die ooste aan Brasilië en Uruguay, suid van die Río de la Plata aan die Atlantiese Oseaan, in die weste aan Chili en in die suide aan die Suidelike Oseaan. Argentinië maak aanspraak op 'n sektor van Antarktika (Argentyns-Antarktika, Spaans: Antártida Argentina), die Falkland-eilande (Spaans: Islas Malvinas) en ander Suid-Atlantiese eilande (Spaans: Islas del Atlántico Sur) soos Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (Islas Georgias del Sur y Sandwich del Sur), die Suid-Shetland- (Islas Shetland del Sur), en Suid-Orkney-eilandgroep (Islas Orcadas del Sur).
54001
Burry Willie Stander, (16 September 1987 – 3 Januarie 2013) gebore te Port Shepstone, KwaZulu-Natal, was een van  Suid-Afrika se bekendste bergfietsryers. Burry wen sy eerste Suid-Afrikaanse titel (XCO) formaat in die onder-13 kategorie gedurende 1999. Gedurende 2005 kompeteer Burry in die VSA en wen drie uit die vier bergfiets-wedrenne waaraan hy deelneem. Sy talent word onmiddellik raakgesien en hy word genooi om vanaf 2006 vir die GT International Span te ry. Hy verower ook sy eerste Suid-Afrikaanse titel (XCO) formaat as 'n professionele ryer gedurende 2006. Gedurende 2007 voeg hy die Afrika-titel by sy trofeekas. Gedurende 2008 verteenwoordig Burry Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele en behaal 'n verdienstelike 15de plek. Hy verower weereens die SA (XCO) formaat titel en wen verskeie plaaslike Marathon wedrenne. Hy behaal ook 'n 3de plek gedurende die SA Padfiets Kampioenskappe. Hy haal ook gereeld die podium tydens die World Cup-reeks en word gekroon as die onder-23 World Cup-reeks wenner. Burry sluit aan by die gespesialiseerde Bergfiets-span gedurende 2009.
70687
Die Bo-Zambezi-moddervis (Labeo lunatus) is 'n varswatervis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezi- en die Okavangorivier. In Engels staan hy bekend as die Upper Zambezi labeo. In die Caprivi staan die vis bekend as die langvin-onderbek asook mudsucker. Die Bo-Zambezi-moddervis se kop is klein, met 'n skurwe neus. Daar is klein tuberkels op die neus. Die bek is onder geplaas en kort baarde kan aanwesig wees. Tande is afwesig, maar smaakknoppies kom op die bo- en onderkaak voor. Die vis se lyf is platterig en die dorsale vin (rugvin) staan hoog uit, meer as twee keer die lengte van die kop. Die rugvinwimpel is die vis se vernaamste kenmerk. Die stertvin is vlak gevurk en die anale vin driehoekig. Dié vinne, asook die buik- en borsvinne, is goed ontwikkel. Die Bo-Zambezi-moddervis is groenerig of donker silwergrys van kleur, silwer tot grys onder en die vinne het 'n pienk/pers skynsel. Die skubbe se basis is donker, wat die voorkoms van horisontale strepe oor die lyf gee. Hulle is grof en die telling is 37-40 op die systreep en 16-20 op die stertstam.
76231
Die Nahoondam is geleë in die Nahoonrivier naby Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 1966 geopen en het 'n bakmaatvolume van 199,34 miljoen m3 agter 'n wal van 40 m hoog. Lys van grootste damme in Suid-Afrika
66081
Chrysobalanaceae is die grysappel-familie wat hoort tot die orde Malpighiales. Die familie word hoofsaaklik in tropiese gedeeltes van die wêreld gevind. Die blare is enkelvoudig en afwisselend. Daar is ook kliere op die blaarbasis of steel. Silikakristalle kom soms in die hout voor. Hulle dra ook vlesige vrugte met 'n enkele saad. Die familie bestaan uit 525 spesies wêreldwyd waarvan slegs twee in Suider-Afrika voorkom en net een 'n boom is. Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Grysappel (Parinari curatellifolia)) Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8 Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
114303
Myron Kok (*7 Desember 1932, Johannesburg - †)  is ’n Afrikaanse skrywer wat onder die skuilnaam Schalk van Wyk skryf. Hy is op 7 Desember 1932 in Houghton in Johannesburg gebore as die jongste van vier seuns van Schalk Willem Kok en Johanna Petronella (Jo) Vorster, wat in 1919 met mekaar getroud is. Sy drie broers is D’Almero (gebore 1920), Felix (gebore 1922) en Alexander (gebore 1926). Myron se pa Schalk verloor sy werk tydens die mynwerkerstaking van 1922 en sy ma help daarna om die familie aan die lewe te hou deur musieklesse te gee en klavier te speel in die bioskoop, in die dae toe flieks nog nie klank gehad het nie. Sy leen ook geld om drie erwe in die rykmansbuurt Saxonwold te koop en in die vroeë dertigerjare ontwerp sy vir elkeen van die erwe ’n huis wat haar man en nog ’n familielid bou om te verkoop. Saam bou hulle uiteindelik ses huise en die winste hieruit word hoofsaaklik gebruik om vir die musiekopleiding van die seuns, wat almal buitengewoon talentvol was, te betaal.
115203
Min. Pieter Gert Wessel (Piet) Grobler (plaas Boekenhoutfontein, distrik Rustenburg, Transvaal, 1 Februarie 1873 – Pretoria, Suid-Afrika, 22 Augustus 1942) was ’n Suid-Afrikaanse politikus. Grobler was die oudste kind van Wilhelmus Hermanus Cornelius Grobler en sy vrou, Alida Theunetta du Plessis, lidmate van die Gereformeerde Kerk, soos hul seun trouens ook lewenslank was. Sy moeder was 'n dogter van pres. S.J.P. Kruger – op wie se plaas hy gebore is – se suster Sophia Margaretha Kruger (1821–1896), eggenote van Pieter Gerrit Wessel du Plessis (1820–1901). Piet Grobler se ouers het verhuis na die plaas Bierkraal in Pilanesberg toe hy nog maar 'n paar jaar oud was. Destyds was daardie wêreld nog wild en woes en die naaste bure was'n dagreis ver met die ossewa daarvan verwyder. Later, in 1883 het hulle op die plaas Otterfontein in die distrik Swartruggens gaan woon. Daar het die jonge Pieter die gewone werk van 'n boerseun help verrig, tot hy die ouderdom van 10 jaar bereik het.
141689
Hyalonema lanceolata is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die glassponse (Hexactinellida). Die spons lewe in die diepsee. Die skelet van die spons bestaan uit spikula van kiesel. Die spons behoort tot die genus Hyalonema en tot die familie Hyalonematidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2008 deur Tabachnick, Janussen & Menschenina. Van Soest, R. (2011). Hyalonema lanceolata Tabachnick, Janussen & Menschenina, 2008. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=387343. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
203831
Irciniidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Ircinia (Nardo, 1833) Psammocinia (Lendenfeld, 1889) Sarcotragus (Schmidt, 1862)
387137
Die Jet Propulsion Laboratory (JPL) is 'n federale befondsde navorsing- en ontwikkelingsentrum en NASA-veldsentrum in die stad Pasadena in Kalifornië, Verenigde State. JPL, wat in die 1930's gestig is, word deur NASA besit en deur die nabygeleë California Institute of Technology (Caltech) bestuur. Die laboratorium se primêre funksie is die konstruksie en bedryf van planetêre robotruimtetuie, alhoewel dit ook Aardbaan- en sterrekunde-sendings uitvoer. Dit is ook verantwoordelik vir die bedryf van NASA se Diepruimtenetwerk. Van die laboratorium se groot aktiewe projekte is die Mars 2020-sending, wat die Perseverance-verkenningstuig en die Ingenuity Mars-helikopter insluit; die Mars-wetenskaplaboratoriumsending, insluitend die Curiosity-verkenningstuig; die InSight-lander (binne-eksplorasie met behulp van seismiese ondersoeke, geodesie en hittevervoer); die Mars-verkenningstuig; die Juno-ruimtetuig wat om Jupiter wentel; die SMAP- satelliet vir grondoppervlakvogmonitering; die NuSTAR X-straalteleskoop; en die komende Psyche asteroïde-wentelaar. Dit is ook verantwoordelik vir die bestuur van die JPL Kleinliggaam-databasis, en verskaf fisiese data en publikasielyste vir alle bekende klein Sonnestelsel-liggame.
3925
Die jaar 69 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Vespasianus word die vierde Romeinse keiser in die Jaar van vier keisers en die eerste van die Flaviaanse dinastie. 15 Januarie – Servius Sulpicus Galba, Keiser van Rome (* 3 v.C.). 15 April – Otho, Romeinse keiser (* 28 April 32) 22 Desember – Vitellius, was vir kort keiser van die Romeinse Ryk in die jaar van vier keisers (* 15)
559
Die jaar 1890 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 1 Julie – Die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag". Helgoland en die Kaprivistrook word deel van die Duitse Keiserryk, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf word. 3 Julie – Idaho word die 43ste deelstaat van die Verenigde State. 10 Julie – Wyoming word die 44ste deelstaat van die Verenigde State. 25 September – Soos in die vooruitsig gestel deur John Muir, word die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië daargestel. 18 Desember – Frederick Lugard annekseer Uganda namens die Britse Oos Afrika Kompanjie. 29 Desember – Die Amerikaanse Leër vermoor meer as 400 lede van die Groot Siouxnasie tydens die Slagting van Wounded Knee. Henry James publiseer sy roman The Tragic Muse. Engeland word 'n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby).
66355
Zaha Hadid Brits-Irakkese argitek Gebore 31 Oktober 1950 in Bagdad, Irak Oorlede 31 Maart 2016 (op 65) in Miami, Verenigde State Skool Neofuturistiese argitektuur Dekonstruktivisme Beduidende projekte Bridge Pavilion in Zaragoza, Spanje Maggie's Centre in Kirkcaldy, Fife Contemporary Arts Center in Cincinnati, Ohio Biblioteek en leersentrum, Universiteit van Ekonomie, Wene, Oostenryk Toekennings en pryse Pritzker-prys (VSA) in 2004 Royal Gold Medal (VK) in 2016 Dame Zaha Mohammad Hadid DBE (31 Oktober 1950 – 31 Maart 2016) (Arabies: زها حديد) was 'n Irakkees-gebore Britse ontwerper, argitek en professor in argitektuur asook stigter van die Londense argitektuurpraktyk Zaha Hadid Architects. Sy is deur vele as die mees vooraanstaande vroulike argitek van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu beskou. Hadid is in Bagdad gebore en getoë en het haar akademiese opleiding in Beiroet en Londen ontvang. In die Britse hoofstad het sy die ateljee gevestig wat haar naam gedra het – Zaha Hadid Architects. Haar modernistiese en futuristiese ontwerpe sluit die Londense watersportsentrum (Aquatics Centre, 2011) in wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele van 2012 ontstaan het, en die Cardiff Bay-operahuis in Wallis ('n projek wat uiteindelik nie uitgevoer is nie).
121383
'n Kanarieklimop (Senecio tamoides) is 'n immergroen rankplant in die familie Asteraceae, wat inheems is aan Suid-Afrika, Swaziland en Zimbabwe. Immergroen rankplant met glansblare wat tot 4 m hoog word. Groot blomkoppe met heldergeel madeliefagtige blomme en 'n geurige reuk, wat blom vanaf Maart tot Julie. Germplasm Resources Information Network (GRIN) (1985-11-07). "Taxon: Senecio tamoides DC" (HTML). Taxonomy for Plants. United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, National Genetic Resources Program, National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland. Besoek op 2008-04-14. Landcare Research. "Senecio angulatus L.f. Suppl. 369 (1781)" (HTML). Flora of New Zealand: Taxa (in Engels). Landcare Research Allan Herbarium and New Zealand Plant Names Database. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2008. Besoek op 1 April 2008. "Senecio tamoides" (in Engels). SANBI: Plantzafrica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 11 Maart 2017.