id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
194024
Crella crassa is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Crella en tot die familie Crellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1914 deur Hentschel. Van Soest, R. (2011). Crella crassa. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=175276. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
54903
Willie Joubert is 'n Afrikaanse sanger wat bekend is vir sy geestelike musiek. Tydens die 2011 SAMA toekennings is hy bekroon vir die Beste Afrikaanse gospel-album. Willie is getroud met Natasha Joubert, 'n sangeres in eie reg. God van wonders Dis 'n nuwe dag Hold on to your faith There is a river Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars Willie Joubert se amptelike webtuiste Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
52383
UTC+07:30 word in 1941 en 1942 vir die Japannese besetting van Singapoer as somertyd in Singapoer gebruik as vervanging van UTC+7:20, wat van 1933 tot 1940 in gebruik was. Van 1945 tot 1970 word UTC+7:30 weer ingestel as somertyd. In 1970 word somertyd afgeskaf en word UTC+7:30 die standaardtyd. In 1982 word die standaardtyd gewysig na UTC+8.
9281
Operasie Entebbe is 'n weermagsmaneuver wat deur die Israeli-weermag in 1976 uitgevoer is om 103 gekaapte vliegtuigpassasiers in Uganda van hul kapers te bevry. Die maneuver het gedurende die nag van 3 Julie en die vroeë oggendure van 4 Julie 1976 plaasgevind. Oorspronklik "Operasie Donderslag" deur die Israeli-beplanners gedoop, is dit later amptelik herbenoem as "Operasie Jonatan", ter ere van die Israeli-bevelvoerder. Dié grondbevelvoerder, kolonel Jonatan "Jonie" Netanyahu is ook die enigste Israeliese soldaat wat in die aanval gesterf het. Drie gyselaars sterf en vyf Israeli-kommando's is gewond. 'n Vierde gyselaar is deur Ugandese weermagoffisiere vermoor by 'n nabygeleë hospitaal. Op 27 Junie 1976, sewe dae voor die maneuver, het Air France Vlug 139 in Athene, Griekeland opgestyg op pad na Parys, Frankryk. Teen ongeveer 12:30, minder as tien minute na vertrek, is die vlug gekaap en gedwing om na Benghazi, Libië te vlieg. Na sewe ure op die aanloopbaan in Benghazi, waartydens die vliegtuig met brandstof hervul is en een Britse vroulike gyselaar vrygelaat is nadat sy voorgegee het dat sy swanger was en besig was om 'n miskraam te kry, vertrek die Airbus weer.
94475
Kepler-90 (ook bekend as KOI 351) is ’n G-tipe hoofreeksster sowat 2 840 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak. Dit is bekend daarvoor dat dit nes die Sonnestelsel agt planete het, en hulle stem baie ooreen met ons s’n – die rotsplanete is nader en die gasplanete verder weg. Die ontdekking van die agtste planeet, Kepler-90i, is op 14 Desember 2017 deur Nasa en Google aangekondig. Die ontdekking is gedoen met ’n nuwe masjienleermetode wat deur Google ontwerp is. Kepler-90 is ’n G-tipe hoofreeksster met ’n massa en radius van sowat 120% dié van die Son. Sy oppervlaktemperatuur is 6 080 K en dit is sowat 2 miljard jaar oud. Die Son is in vergelyking daarmee sowat 4,6 miljard jaar oud en het ’n oppervlaktemperatuur van 5 778 K. Die ster se skynbare magnitude is 14. Dit is dus te dof om met die blote oog te sien. Kepler-90 se planete het dieselfde konfigurasie as die Son s’n: Die rotsplanete is die naaste aan die ster en die gasplanete die verste. Die ses binneste planete is óf superaardes óf mini-neptunusse.
126227
Harlan Parker Banks (1 September 1913 - 22 November 1998) was 'n Amerikaanse paleobotanis en Liberty Hyde Bailey Professor Emeritus by die Kollege vir Landbou en Lewenswetenskappe van die Cornell Universiteit, en is bekend vir sy studies van Devoniese-plante. Hy was 'n Fulbright-navorsingswetenskaplike en Guggenheim-genoot, 'n mede-lid van die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap, 'n lid van die Nasionale Akademie vir Wetenskap en president van die Botaniese Vereniging van Amerika. Die standaard outeursafkorting H.P.Banks word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word. Lys van botaniste volgens outeursafkorting Paleontologie Geologie John Kingsbury; Karl Niklas; Natalie Uhl. "Harlan Parker Banks Memorial Statement". Cornell University, Office of the Dean of the University Faculty. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
293179
Sjabloon:Infobox furniture Die Tulpstoel is in 1955 en 1956 deur Eero Saarinen, vir die Knoll-maatskappy van New York, ontwerp. Die stoel is in die eerste instansie ontwerp om by die komplementêre eettafel te pas. Die stoel vertoon die gladde lyne van modernisme, en was vir sy tyd, eksperimenteel met betrekking tot die gebruik van materiale. Die stoel word as 'n klassieke voorbeeld van industriële ontwerp beskou. As gevolg van die futuristiese gebruik van kurwes en sintetiese materiale, word die stoel dikwels as verteenwoordigend van die ''ruimte-era' beskou. Saarinen was van mening dat die onderste gedeelte van stoele en tafels in 'n tipiese binneruimte, 'n lelike, verwarrende en onrustige omgewing skep. Hy wou die groot hoeveelheid stoelpote in vertrekke verminder. Saarinen het gehoop om 'n glasvelselstoel, wat uit een stuk bestaan, te vervaardig, maar hierdie materiaal kon nie die basis ondersteun nie, en prototipes was geneig om te breek. As gevolg hiervan is die basis van die tulpstoel van gegote aluminium, met 'n rilsanbedekte afwerking, om by die boonste gedeelte van die stoel te pas, gemaak.
318366
Raymond De Belser (17 Junie 1929 - 3 Oktober 2014), wat ook onder die skuilnaam Ward Ruyslinck geskryf het, was 'n Vlaamse skrywer. Hy was die seun van Leo De Belser en Germaine Nauwelaers. Sy vader was bibliotekaris by 'n oliemaatskappy, en Ruyslinck het in 'n Rooms-Katolieke gesin grootgeword. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die gesin na Mortsel verhuis. Ruyslinck is in Berchem gebore. Op 12-jarige ouderdom het hy 'n roman getiteld Vaargeulen geskryf. Sy vader, wat self die roman Gepantserde Beschaving geskryf het, het sy seun se roman na Stijn Streuvels gestuur, wat die roman ongelees teruggestuur het, maar met 'n gepaardgaande brief vol lofprysinge. Die manuskrip het tydens 'n lugaanval in 1943 wat hul huis verwoes het verlore geraak. Hy het 'n aantal gedigte en verhale geskryf, waarvan sommige in die koerant Het Vlaamsche land gepubliseer is.   Nadat hy in 1947 hoërskool voltooi het, het hy die Universiteit van Gent bygewoon om Germaanse filologie te studeer. Hy het egter na 'n jaar uitgeval, wat volgens hom die gevolg was van die impak op wat sy broer se dood in 1948 op hom gehad het.
282800
Andrei Dmitrijewitsj Sacharof (Russies: Андре́й Дми́триевич Са́харов; 21 Mei 1921 - 14 Desember 1989) was 'n Russiese kernfisikus, andersdenkende, Nobelpryswenner en aktivis vir ontwapening, vrede en menseregte. Hy het bekendheid verwerf as die ontwerper van die RDS-37 van die Sowjetunie, 'n naam vir die Sowjet-ontwikkeling van termonukleêre wapens. Sacharof het later 'n voorstander geword van burgerlike vryhede en burgerhervormings in die Sowjetunie, waarvoor hy deur die staat vervolg is; hiervoor het hy in 1975 die Nobelprys vir Vrede gewen. Die Sacharofprys, wat jaarliks deur die Europese Parlement toegeken word vir mense en organisasies wat hulle toewy aan menseregte en vryhede, word ter ere van hom toegeken. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andrei Sacharof.
20309
Die artikel handel oor die streek, vir die gelyknamige munisipaliteit, sien Weskus-distriksmunisipaliteit. Die Weskus is 'n streek aan die weskus van Suid-Afrika wat in sy nouste betekenis hoofsaaklik betrekking het op die gebied tussen Yzerfontein en Lambertsbaai, maar ook van toespassing is op die hele kusstrook tussen Kaapstad en die mond van die Oranjerivier, oftewel die mees suidwestelike hoek van Namibië. Die naam is ook gegee aan die distriksmunisipaliteit met sy setel op Moorreesburg wat die B-munisipaliteite van Saldanhabaai, Swartland, Bergrivier, Cederberg en Matzikama insluit. Die distriksmunisipaliteit se gebied beslaan sowat 31 101 km², dus omtrent die grootte van België of Lesotho, maar ietwat kleiner as Taiwan. Die vernaamste bedryf van die distrik is landbou, hoewel die nywerheid ook 'n vername rol speel in Saldanhabaai op Saldanha en Vredenburg en in Swartland op Malmesbury. Die totale bevolking van die distrik was volgens die 2001-sensus 282 651. Daarvan was 204 710 bruin, 49 382 wit, 27 780 swart en 789 Indiërs. Afrikaanssprekendes is verreweg die grootste groep met 251 979 moedertaalsprekers, gevolg deur Xhosa met 20 917, Engels met 6 595 en Sotho met 1 591 in daardie jaar.
77777
Sir Lionel Phillips, 1ste baronet van Tylney Hall (* 6 Augustus 1855; † 2 Julie 1936) was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat ("Randheer"), politikus en filantroop. Lionel Phillips is op 6 Augustus 1855 (volgens sy die inskripsie op sy graf: 22 Augustus 1856) in 'n Joodse laermiddelklasgesin gebore. Die Phillipse het hulle as handelaars bekwaam en deel uitgemaak van 'n groeiende groep van Jode wat 'n belangrike rol in die handels- en politieke lewe van 19de eeuse Groot-Brittanje gespeel het. Sy vroeë formele opleiding was beperk, maar hy is nogtans met 'n goeie kennis van Frans en skeikunde toegerus. Phillips het sy loopbaan in die ouderdom van 14 begin en as boekhouer vir sy pa gewerk, maar het daarnaas privaat studeer om lid van die Instituut van Meganiese Ingenieurs te word. In 1875 het hy op die diamantveld in Kimberley aangekom, soos talle Jode destyds, nadat hy per voet van Kaapstad na die Noord-Kaap gereis het. In Kimberley is hy deur Joseph Benjamin Robinson as sorteerklerk aangestel, hy het 'n kort tydperk lank 'n nuusblad, The Independent, bestuur en het later 'n mynbestuurder geword.
99905
Die NG gemeente Marquard is ’n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Ficksburg. Hoewel Marquard eers in 1905 gestig is, gaan sy geskiedenis baie verder terug, want reeds in 1883 het die boere in die omgewing die noodsaaklikheid vir ’n dorp gevoel. Op ’n openbare vergadering is die volgende persone dan ook as ’n dorpskommissie verkies: S.P.E. Jacobs sr., L.P.A. Gildenhuys, J.S.J. van der Watt, A.B.C. Eksteen, J,F.J. van Rensburg en H.A. Truter. ’n Skok het op die inwoners gewag, want die regeringskommissie het ’n verslag by die volksraad ingedien wat teenstrydig was met sy vorige aanbevelings, en die regering het die stigting van die dorp afgekeur. Die dorpskommissie het reeds heelwat koste aangegaan, dog die boere het saamgespan en die koste gedek. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het die boere in die omgewing sterk geywer vir 'n spoorweg en op 'n vergadering van 29 April 1904 het die stigting van 'n dorp, dié keer op die plaas Varschfontein, ook ter sprake gekom.
135811
James "Jim" Clark, Jr OBE (4 Maart 1936 – 7 April 1968) was 'n Britse Formule Een-renjaer van Skotland, wat twee Wêreldkampioenskappe gewen het, in 1963 en 1965. Clark was 'n veelsydige bestuurder wat meegeding het in sportmotors, toermotors en in die Indianapolis 500, wat hy gewen het in 1965. Hy was veral verbind met die Lotus-merk. Clark is dood in 'n Formule Twee-wedrenongeluk in 1968 in Hockenheim, Wes-Duitsland. Ten tye van sy dood op die ouderdom van 32, het hy meer Grands Prix wedrenne gewen (25) en meer voorste wegspringplekke (33) behaal as enige ander bestuurder. In 2009 het The Times Clark bo-aan 'n lys van die grootste Formule Een bestuurders ooit geplaas. Jim Clark het sy F1 Grand Prix-debuut gemaak halfpad deur die seisoen, by die Hollandse Grand Prix by Zandvoort op 6 Junie 1960. "Lotus het Surtees verloor, wat na die Isle of Man vertrek het om aan 'n paar groot motorfietswedrenne deel te neem, en Clark was 'n aanvaarbare plaasvervanger."
59020
Die Turkse lira (Turks: türk lirası), of Turkse pond, is die geldeenheid van Turkye en die nie-erkende Turkse Republiek van Noord-Siprus en word deur die Turkse Sentrale Bank uitgereik. Tot in 2008 is die geldeenheid die Nuwe Turkse lira (yeni türk lirası) genoem; dit het die Turkse lira op 1 Januarie 2005 vervang toe die geldeenheid gedevalueer is. Sedert 1 Januarie 2009 word dit weer die Turkse lira genoem. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Turkse lira. (tr) Türkiye Cumhuriyet Merkez Bankası Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
67062
FC Inter Turku is 'n Finse sokkerklub in Turku, wat in die Veikkausliiga (die hoogste afdeling) speel. Die klub is pas in 1990 gestig, maar het al in 2008 sy eerste nasionale kampioenskap gewen. Die span deel sy tuisveld Veritas Stadion met hulle mededinger TPS. Die derby tussen Inter en TPS sorg altyd vir 'n vol stadion. Kampioen van Finland (1) 2008 (naaswenner (1): 2011) Finse Beker (1) 2009 Finse Liga Beker (1) 2008 (naaswenner (1): 2007)
15559
'n Rekenaardrukker of meer algemeen na verwys as 'n drukker is 'n toestel wat 'n harde kopie skep (permanente menslik leesbare teks en/of grafika vanaf dokumente in elektroniese vorm gewoonlik op fisiese media soos papier of transparante). Baie drukkers word hoofsaaklik gebruik as randtoestelle vir rekenaars en word gewoonlik direk aan die rekenaar verbind en dien as bron vir gedrukte dokumente vir die gebruiker daarvan. Ander drukkers bekend as netwerkdrukkers het 'n ingeboude netwerk-koppelvlak (tipies 'n Ethernet netwerk) en kan dien as 'n bron van gedrukte dokumente vir al die gebruikers wat aan die netwerk verbind is. Verder kan baie moderne drukkers direk verbind word met elektroniese media soos geheuestokkies of geheuekaarte of aan beeldopname toerusting soos digitale kameras en skandeerders, terwyl ander drukkers gekombineer word met 'n skandeerders en/of 'n faksmasjien om 'n enkele eenheid te vorm. 'n Drukker wat met 'n skandeerder gekoppel is kan dan ook as 'n fotokopieërder dien. Drukkers wat ontwerp word vir lae volume, korte duur drukwerk; vereis bykans geen opsteltyd vir die maak van 'n gedrukte kopie van 'n gegewe dokument nie.
294905
Russian Hill is 'n welvarende en digbevolkte woonbuurt in die noorde van die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco. Die kwartier is na een van San Francisco se 44 heuwels genoem, Russian Hill, wat onder die stad se oorspronklike "Sewe Heuwels" gereken word. Russian Hill bied panoramiese uitsigte oor die Bay Area, insluitende Bay Bridge, Marin County, die Golden Gate-brug en die historiese gevangeniseiland Alcatraz. Tussen Russian Hill en die teenoorliggende Telegraph Hill strek North Beach-vallei, een van die gewildste buurte in San Francisco wat sy besondere Mediterreense atmosfeer aan Italiaanse en Franse immigrante te danke het. North Beach was, soos sy naam reeds aandui, oorspronklik 'n kusgebied voordat hier in die 1870's 'n industriële landaanwinningsprojek verwesenlik is. Die buurt en heuwelpiek se naam het sy oorsprong in die tyd van die Kaliforniese goudstormlope toe 'n Russiese begraafplaas deur setlaars ontdek is. Russiese vloot- en handelskepe het vanaf 1806 dwarsdeur die 19de eeu besoeke aan San Francisco gebring, en volgens historiese persberigte uit die 1860's en 1870's is bemanningslede van 'n Russiese oorlogskip, wat tydens 'n besoek aan San Francisco hier oorlede is, gedurende die eerste helfte van die 19de eeu op Russian Hill begrawe.
52557
Die Sweedse Wikipedia is die Sweedse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlynensiklopedie. Die wikipedia is in Mei 2001 begin. Dit het tans 2 673 462 artikels en is die 3de grootste wikipedia volgens die aantal artikels gepubliseer. 'n Voorbeeld van 'n Sweedstalige artikel oor Afrikaans: Afrikaans. (sv) Die tuisblad van die Sweedse Wikipedia (sv) Statistik Svenskspråkiga Wikipedia – statistieke vir die Sweedse Wikipedia Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
96043
Karl Friedrich Benz, gebore as Karl Friedrich Michael Vaillant (Karlsruhe, 25 November 1844 – Ladenburg, 4 April 1929) was 'n Duitse uitvinder, ingenieur en tegnikus. Hy het die eerste petrolaangedrewe motor in 1885 gebou. Sy fabriek het later met dié van Gottlieb Daimler saamgesmelt, wat tot die totstandkoming van die Mercedes-Benz-motormaatskappy gelei het. Benz stig die maatskappy Benz & Co. in 1883 in Mannheim om industriële masjiene te vervaardig. Hy het verskeie tweeslagenjins by die maatskappy ontwikkel. Hy het ook aan 'n motorwa met 'n vierslagmotor gewerk. Die motorwa het 'n waterverkoelde enjin op 'n driewielbasis met één silinder gehad. Die motor ry vir die eerste keer in 1885. Op 29 Januarie 1886 doen Benz aansoek om 'n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor. Op 3 Julie 1886 onderneem hy 'n proefrit met sy eerste motor deur Mannheim. Sy vrou, Bertha Benz sou in 1888 die eerste langafstandrit met 'n motor onderneem, toe sy van Mannheim na Pforzheim bestuur het. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Daimler en Benz Stigting Automuseum Dr. Carl Benz, Ladenburg Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karl Benz.
36160
Parasetamol (ekwivalent aan asetaminofeen in die VSA) is 'n gewilde pynstiller en koorswerende middel. Die middel is afkomstig van koolteer en, anders as fenasetien, 'n outydse pynstiller wat parasetamol as metaboliet gebruik het, is dit nie kankerwekkend nie. Inteendeel: oor die algemeen verdra die menslike liggaam parasetamol goed en word baie van die newe-effekte van aspirien nie aangetref nie. Dit is oor die toonbank verkrygbaar en word dikwels gebruik vir die afwering van koors, hoofpyn en ander klein pyne en skete. Dit word ook saam met ander nie-steroïede anti-inflammatoriese middels (soos ibuprofeen) of opioïediese pynstillers gebruik om ernstiger pyn te behandel. Parasetamol is ook 'n hoofbestanddeel in verskeie geneesmiddels vir verkoue en griep. Indien slegs die voorgeskrewe dosis geneem word, is parasetamol oor die algemeen veilig om te gebruik, maar 'n akute oordosis kan moontlik lewensgevaarlike lewerskade veroorsaak; in seldsame individue kan 'n normale dosis dieselfde gevolg hê. Parasetamolvergiftiging is die vernaamste oorsaak van akute lewerversaking in die Westerse wêreld en is verantwoordelik vir 'n groot deel van die totale dwelmoordosisse in die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Australië en Nieu-Seeland.
22372
Die elektronvolt (simbool eV) is 'n eenheid van energie. Dit is die hoeveelheid kinetiese energie wat 'n enkele onverbonde elektron verkry as dit deur 'n elektrostatiese potensiaalverskil van een volt in 'n vakuum versnel word. In ander woorde gestel is dit gelyk aan een volt (1 volt = 1 joule per coulomb) vermenigvuldig met die lading van 'n enkele elektron. 'n Elektronvolt is 'n baie klein hoeveelheid energie: 1 eV = 1.602 176 53 e−19 J. (of ongeveer 0.160 aJ) Die elektronvolt as eenheid word deur die SI aanvaar (maar nie aangemoedig nie). Dit word algemeen gebruik in Vastetoestand-, Kern- en partikelfisika, dikwels saam met die voorvoegsels m, k, M, G of T. Ionisasie-energieë en ander atoomeienskappe word dikwels aangehaal in terme van elektronvolt, veral in ouer tekste. Mohr, Peter J.; Taylor, Barry N. (Januarie 2005). "CODATA recommended values of the fundamental physical constants: 2002". Reviews of Modern Physics (PDF). 77. pp. 1–107. Besoek op 1 Junie 2006.
215077
Craig Wasson (gebore 15 Maart 1954) is 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Four Friends (1981), Body Double (1984), A Nightmare on Elm Street 3: Dream Warriors (1987), en Malcolm X (1992). 1978: Go Tell the Spartans 1979: The Outsider 1980: Schizoid 1980: Nights at O'Rear's 1981: Four Friends 1981: Ghost Story 1983: Second Thoughts 1984: Body Double 1985: Zoo Ship 1987: A Nightmare on Elm Street 3: Dream Warriors 1988: Bum Rap 1988: Bush Shrink 1989: A More Perfect Union: America Becomes a Nation 1991: Midnight Fear 1992: Malcolm X 1999: The Pornographer 2000: Escape Under Pressure 2000: Danny and Max 2004: Puerto Vallarta Squeeze 1977: Rafferty 1980: Skag 1989: For Jenny with Love 1992: Lifestories: Families in Crisis 1981: Thornwell 1984: Why Me? 1995: Trapped in Space 1995: The Sister-in-Law 1996: The Tomorrow Man 1997: Deep Family Secrets 2006: Body Double: The Controversy 2006: Body Double: Craig Wasson Interview Craig Wasson in die Internet-rolprentdatabasis
82485
Die Lemoentjiedoring (Cassinopsis ilicifolia) is 'n immergroen klouterplant of 'n klein boompie wat tot 5 meter hoog en 5 meter breed kan word. Dit is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika en Zimbabwe. Dit kom in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys. Die blare is glansend en teenoorstaande met getande rande. Die blommetjies is klein en daar is af en toe dorings. Die vruggies is sag en oranje wanneer ryp. Dit kan droogte en ryp weerstaan en kan in skadu of volson groei. Wildsbokke vreet die blare terwyl die vrugte deur voëls benut word. Die vrugte is nie vir mense lekker nie, maar die sade van die vrugte is tradisioneel deur die Zoeloes as ornamente gedra. Hulle het ook die lemoentjiedoring se bas gebruik om 'n medisyne vir disenterie te maak. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 "Flora of Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016.
87447
Nahum is die 34ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die sewende van die sogenaamde twaalf Klein Profete. Die boek Nahum verkondig die ondergang van die Assiriese ryk en die oordeel oor Nineve en stel daarmee die bevryding van die volk van die Here in die vooruitsig. Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Nahum.
101193
Die Mitsubishi Space Star is 'n veeldoelige voertuig (MPV) wat vanaf 1998 tot 2005 deur die Japannese vervaardiger Mitsubishi gebou word. Dit is gebou in die NedCar fabriek in Nederland en is hoofsaaklik in Europese markte verkoop. Sedert 2013 het Mitsubishi die sesde geslag Mirage superminimotor onder die naam Space Star verkoop in dele van Europa, weens handelsmerkregte met betrekking tot die gebruik van die Mirage-naam. MirageForum (17 Januarie 2013). "2014 Mirage to be called "Space Star" in Ireland, other European countries" (in Engels). MirageForum.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 Januarie 2013.
30592
Lianie May (gebore Lianie Oosthuizen; 2 Augustus 1976) is 'n Afrikaanse sangeres. Lianie is in Vereeniging gebore, en het op 'n plaas by Oranjeville grootgeword, waar sy en haar man deeltyds met beeste boer. Sy matrikuleer in 1994 aan die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg. Na 'n optrede van Eden op Oranjeville het Lianie vir hulle 'n oudisie in 'n kleedkamer afgelê. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut-CD in 2007 uitgereik het. Haar liedjie Pretoria was geruime tyd op Radio Rippel se top-20. Sy is in September 2017 ná 'n 10 jaar lange verlowing met haar bestuuder, Barry Lubbe, getroud. Haar pa, Niccie Oosthuizen, is in 2015 weens longkanker oorlede. Sy woon nou in Pretoria. Vergeet My Nie (2007) Kersfees Met Lianie (2008) Boeremeisie (2009) Bonnie En Clyde (2012) (met Jay) Lank Lewe Die Liefde (2011) Naweek Lyfie (2014) Vir Liefde (2015) (met Jay)
30598
Juanita du Plessis (née Naudé) (26 April 1972 - ) is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres wat in Suidwes-Afrika gebore is. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba". Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders – Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé, haar dogter, Franja du Plessis en seun Ruan Josh is ook sangers in eie reg. Die totale verkope van al haar albums beloop reeds meer as 2 miljoen eenhede. In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers. Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan. In 2018 vier Juanita haar 20 jaar in die musiek bedryf met 'n treffers album: 20 Jaar, Treffers van 2008 - 2018. Young Hearts (platinum) Ek en Jy (Ska-rumba) (3x platinum) Dis Waar Ek Wil Wees (2x platinum) Jy Is...
55780
Gasa of Gaza (Arabies: غزة‎, Hebreeus: עזה‎‎) is die hoofstad van die Gasastrook en die grootste stad in die Staat Palestina. Die stad het 'n bevolking van ongeveer 449 221. Israel is in beheer van die Gasastrook se lugweë en seeroetes. Teen 250 n.C. begin Christendom wyd verspreid in Gasa raak. Na die verdeling van die Romeinse Ryk in die 3de eeu n.C. bly Gasa onder beheer van die Oos-Romeinse Ryk wat later die Bisantynse Ryk word, en 'n Christelike bisdom word in Gasa gestig. Bekering van die inheemse heidene na Christendom versnel tussen 396 en 420 n.C. onder Porfirius van Gasa, wat heidense tempels sloop. In 402 verorden Theodosius II die sloping van al agt van die stad se heidense tempels. Vier jaar later gee keiserin Aelia Eudokia opdrag dat 'n kerk op die bouvalle van die Tempel van Marnas gebou word. Opgrawings dui daarop dat ook 'n sinagoge waarskynlik in die 6de eeu n.C. in Gasa bestaan het. Gasa word in 634 deur 'n Islamitiese weermag beleër en drie jaar later verower, en die Bisantynse garnisoen in 'n massaslagting uitgewis.
108460
Die NG gemeente Riebeek-Kasteel is ’n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland met sy middelpunt op die Swartlandse dorpie Riebeek-Kasteel. In 1854, op 'n vergadering aan die huis van oudouderling J.A. Loubser van Allesverloren, het die ingesetenes van die omtrek van die teenswoordige Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes (die Riebeekvallei), besluit om op eersgenoemde plek 'n hulpkerk te bou. Ouddiaken N. Walters van Twist het 'n stuk grond van 271 vierkante treë vir 'n kerkgebou gegee en die mense in die omtrek het tot die boufonds bygedra. Toe die hoeksteenlegging op 8 Augustus 1855 plaasvind, het by verskillende lidmate van die omgewing van Riebeek-Wes die vrees ontstaan, dat die hulpkerk die middelpunt kon word van 'n afsonderlike gemeente, en aangesien hulle dit onwenslik geag het, het hulle die boukommissie, na die fondament reeds gelê is, £37 10s. aangebied tot skadeloosstelling van gemaakte onkoste, op voorwaarde dat die werk gestaak word. Toe hierdie aanbod van die hand gewys word, het 'n aantal lidmate van Riebeek-Wes in 1856 by die Ring van Tulbagh aansoek gedoen om die stigting van 'n gemeente in hul omgewing.
125374
Marjorie Boulton (7 Mei 1924 – 30 Augustus 2017) was 'n Britse skrywer en digter wat beide in Engels en Esperanto geskryf het. Marjorie Boulton het Engelse letterkunde by 'n onderwyserkollege onderrig en was vir lank die prinsipaal van die vroue-normaalskool, Charlotte Mason College in Noordwes-Engeland, voordat sy haar tot voltydse navorsing en skryfwerk gewend het. Sy is 'n bekende skrywer in Esperanto. Boulton was in haar latere jare president van twee Esperanto-organisasies: Kat-amikaro en ODES. Sy het haar doktorsgraad in 1976 te Oxford behaal met 'n proefskrif oor die Engelse romanskrywer en dramaturg Charles Reade. Nadat sy Esperanto in 1949 aangeleer het, het sy reeds in 1951 haar eerste gedig “Marborda ŝtono” (Strandklip) geskryf. Sedert 1952 het sy 22 pryse en prysenswaardige vermeldings in die Universele Esperanto-Assosiasie (UEA) se Skonekunste Wedstryde vir gedigte, prosa en toneelstukke ontvang. Haar eerste digbundel het in 1955 verskyn, gevolg deur verdere digbundels, dramabundels en nie-fiksie boeke. Haar werke is na Engels, Hongaars, Italiaans, Kroaties, Japannees, Litaus, Pools, Portugees, Roemeens, Sloweens, Oekraïens en Viëtnamees vertaal.
235740
Eric Emerson (23 Junie 1945 – 28 Mei 1975) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente **** (1967), San Diego Surf (1968), The Mind Blowers (1969), en Heat (1972). 1966: The Velvet Underground Tarot Cards 1967: **** 1968: San Diego Surf 1968: Lonesome Cowboys 1969: The Mind Blowers 1972: Heat Eric Emerson in die Internet-rolprentdatabasis
19489
Guernésiais, ook bekend as Dgèrnésiais, Guernsey Frans of Français Normand de Guernsey, is die variant van die Normandiese taal of parler (dialek) wat in Guernsey gepraat word. As een van die Oïltale het dit wortels in Latyn, maar dit is ook op verskillende tye sterk beïnvloed deur beide Oudnoors en Engels. Guernésiais is tot 'n mate onderling verstaanbaar met Jèrriais wat in Jersey gepraat word en Normandies van die vasteland gedeelte van Normandië in Frankryk. Guernésiais is die naaste aan die Normandiese dialek van La Hague in die Cotentinskiereiland. Guernésiais is minder deur Frans beïnvloed as Jèrriais, maar is weer tot 'n groter mate deur Engels beïnvloed. Nuwe woorde is ingevoer vir moderne verskynsels soos le bike, le lorry en le gas-cooker. Die kontak tussen Engels en Guernésiais beïnvloed oënskynlik ook die grammatika van die dialek. Dit kan gesien word in die plasing van die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord. Daar is 'n ryk digtradisie in Guernésiais. Guernésiais liedjies is deur die see, kleurvolle idiome, tradisionele volksverhale, so wel as die natuurskoon van die eiland geïnspireer.
37159
Prof. Jan Lion Cachet (29 November 1838, Amsterdam – 21 September 1912, Potchefstroom) was ’n predikant en professor in die Gereformeerde Kerk en ’n vroeë Afrikaanse skrywer en digter. Cachet is gebore uit Joods-Portugese ouers as jonger broer van Frans Lion Cachet. In 1849 het die gesin oorgegaan tot die Christendom. In 1861 emigreer Cachet na Suid-Afrika as onderwyser. Hy het ’n hom as predikant bekwaam en later ’n professor geword aan die Teologiese Skool op Burgersdorp, waarvan prof. Dirk Postma die rektor was. In 1905 het hy saam met die teologiese skool na Potchefstroom verhuis en ’n paar jaar daarna is hy oorlede. Dr. B. Spoelstra beskryf Cachet in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek as 'n ernstige, stigtelike en boeiende verkondiger van die evangelie; hy is spesiaal deur die staatspresident, pres. Paul Kruger, ook lidmaat van die Gereformeerde Kerk, geroep om op 27 Augustus 1899 in Pretoria 'n biduur met die oog op die dreigende oorlog te lei. As professor was hy die gemoedelike en toeganklike wat met sy wye Skrifkennis, liefde vir die geskiedenis en praktiese lewenskuns predikante vir diens aan kerk en volk gevorm het, pleks van teoloë.
134877
Justin James Cartwright (gebore 20 Mei 1945 – 3 Desember 2018) was 'n Britse skrywer wat in Suid-Afrika gebore is. Cartwright was gebore in Kaapstad, Suid-Afrika, maar grootgeword in Johannesburg. Sy vader was die redakteur vir die Rand Daily Mail koerant. Hy was opgevoed in Suid-Afrika, Amerika en Trinity College, Oxford. Cartwright het gewerk in advertensies maak en het dokumentêre uitgerig, films en televisie advertensies. Hy het verkiesingsuitsendings beman, eers vir die Liberale Party en toe vir die SDP-Liberale Alliansie tydens die Britse algemene verkiesings van 1979, 1983 en 1987. Vir sy werk met verkiesingsuitsendings, is Cartwright aangestel aan die Orde van die Britse Ryk. Die Australiese uitsaaikorporasie-aanbieder Ramona Koval het Cartwright se romans beskryf as "in hedendaagse instellings gebaseer, maar hy kan hulle versadig met die groot vrae wat ons spook". Drie van Cartwright se vroeë romans het 'n karakter met die naam Timothy Curtiz, wat gedeeltelik vernoem is na Kurtz van Joseph Conrad se Heart of Darkness, en deels vir Cartwright se eie broer.
192519
Axinyssa tenax is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Axinyssa en tot die familie Halichondriidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1993 deur Pulitzer-Finali. Van Soest, R. (2011). Axinyssa tenax Pulitzer-Finali, 1993. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=165752. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
78166
Die Knopsterttroupant (Coracias spatulatus) is 'n skaars standvoël en nomade in hoë boomveld. Hulle is onopsigtelik en sit dikwels net onder die blaredak. Die voël is 29 cm lank en 80 - 115 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Racket-tailed Roller. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2012). "Coracias spatulatus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
116500
Die Hoër Volkskool is ’n Afrikaansmedium-hoërskool op Graaff-Reinet en saam met onder meer die Hoërskool P.J. Olivier in Grahamstad, die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp en die Hoërskool Brandwag op Uitenhage een van net ’n handjie vol eentalig Afrikaanse sekondêre skole op die Oos-Kaapse platteland. Dit was die eerste hoërskool in die destydse Kaapland waaraan Afrikaans die enigste onderrigmedium was en is dus die oudste Afrikaansmedium-hoërskool in die huidige Oos-, Noord- en Wes-Kaap. Die skool maak daarop aanspraak dat die Voortrekkerbeweging hier ontstaan het omdat ’n onderwyser, Japie Heese, die eerste sodanige beweging in 1923 hier gestig het, kort ná die skool se ontstaan. Die Hoër Volkskool het ontstaan uit die Midland Seminary vir meisies, wat geskoei was op die Hugenote-seminarie op Wellington, en die Boy's College. Einde 1919 is dr. G. von W. Eybers as hoof van die plaaslike seunskool aangestel, maar toe hy Nederlands deur Afrikaans vervang, het die Engelse ouers van die skool uit protes ’n privaat, Engelse kerkskool gestig omdat hulle nie genoeë geneem het met dié dubbelmedium-seunskool nie.
283656
Libi Staiger (10 Januarie 1928 – 25 September 2019) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Hanky Panky (1982) en The Outrageous Sophie Tucker (2014), en in die televisiereekse Val Parnell's Sunday Night at the London Palladium (1955) en Kate & Allie (1984). 1982: Hanky Panky 2014: The Outrageous Sophie Tucker 1955: Val Parnell's Sunday Night at the London Palladium 1984: Kate & Allie Libi Staiger in die Internet-rolprentdatabasis
33127
Die Rugbywêreldbeker 2003 (Engels: 2003 Rugby World Cup) het vanaf 10 Oktober tot en met 22 November 2003 in Australië plaasgevind. Dit was die vyfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aangebied word en die derde in die Suidelike Halfrond. Australië het met Nieu-Seeland die eerste Rugbywêreldbeker 1987 saam gehuisves. 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2003 deelgeneem, waartydens 48 wedstryde gespeel is. Die spanne is in vier poele van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die poel gespeel het. Die boonste twee spanne van elke poel het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer. Engeland wen die trofee nadat hulle die verdedigende kampioen en gasheer Australië met 20–17 in die eindstryd op Telstra-stadion in Sydney klop en sodoende hulle eerste wêreldtitel inpalm; Engeland het daarmee die eerste nasionale rugbyspan van die Noordelike Halfrond geword om die toernooi te wen. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 die tweede wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2019 sal nog die krieketwêreldbekertitel volg.
118429
Die Eulipotyphla is 'n soogdierorde wat tot die superorde Laurasiatheria behoort. Hulle is insektevreters en vroeër is hulle as deel van die orde Insectivora beskou, saam met byvoorbeeld die gouemolle en selfs die klaasneuse. Genetiese navorsing het getoon dat dit nie korrek is nie: die gouemolle en die klaasneuse behoort tot die Afrotheria en nie tot die Laurasiatheria nie en dit het die orde Insectivora polifileties gemaak. Die huidige monofiletiese orde Eulipotyphla bevat net vyf families waarvan nogtans een sedert die tyd van die kolonisasie van die Karibiese gebied uitgestorwe is. In die Suider-Afrika kom twee van hierdie families voor: die krimpvarkies en die skeerbekmuise. Fam Talpidae - ware molle Fam Erinaceidae Atelerix frontalis - Krimpvarkie Fam Soricidae - skeerbekmuise Fam Solenodontidae - Wes-Indiese Solenodons Fam Nesophontidae † - Wes-Indiese skeerbekmuise (uitgestorwe) Talpa europaea Erinaceus roumanicus Diplomesodon pulchellum Solenodon paradoxus Solenodon cubanus Nesophontes edithae†
3695
Maleisië (Maleis: Malaysia, [məlejsiə]; Engels: Malaysia, [məˈleɪzɪə, -ʒə], luister (hulp·inligting)) is 'n federale grondwetlike monargie in Suidoos-Asië net noord van die ewenaar. Dié land bestaan uit twee afsonderlike dele, geskei deur die Suid-Chinese See: Wes-Maleisië of Malakka, in die noorde begrens deur Thailand en in die suide deur Singapoer; en Oos-Maleisië, die noordelike deel van die eiland Kalimantan (eertyds Borneo), in die suide begrens deur Indonesië en in die noorde deur Broenei. Daarbenewens deel Maleisië 'n maritieme grens met Viëtnam in die Suid-Chinese See en Filippyne in die Sulusee. Van die ander seë sluit in die Andamanse See en die Golf van Bengale in die noordweste en die Celebessee in die noordooste. Die westelike deel beslaan sowat 40% van die oppervlakte van Maleisië, maar hier woon 85% van die algehele bevolking. Die hoofstad en grootste stad is Kuala Lumpur, terwyl Putrajaya die regeringsetel is. Die naam "Maleisië" is afgelei van die woord "Malay" en die Latyn-Griekse agtervoegsel "-sia"/-σία.
67055
'n Millimeter (simbool: mm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter afgelei is. 'n Millimeter is die grootte van een duisendste deel van 'n meter. Die voorvoegsel milli is afgelei van die Latynse woord vir duisend. 'n Millimeter is gelyk aan 1 000 mikrometer en 1 000 000 nanometer. Daar is 25,4 mm in een duim. Daarnaas word millimeter ook dikwels gebruik om 'n hoeveelheid reën op 'n oppervlak aan te dui. In hierdie konteks is 'n millimeter onafhanklik van die grootte van die oppervlak. Een millimeter reën dui een liter water op elke vierkante meter aan (1 L/m² = 1 dm³/m² = 1 000 000 mm³ / 1 000 000 mm² = 1 mm³/mm² = 1 mm).
77063
Lophotis is 'n genus van voëls in die familie van wildepoue en korhane (Otididae). Die genus omvat drie spesies. Lophotis gindiana Lophotis ruficrista - Boskorhaan Lophotis savilei Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
3381
Die jaar 496 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 5de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 24 November – Pous Anastasius II volg Pous Gelasius I op. 19 November – Pous Gelasius I, die 49ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
20793
Die Nuwe Republiekparty is in 1977 in Suid-Afrika gestig om die opposisie links van die Nasionale Party saam te snoer en selfs uiteindelik 'n alternatiewe regering te word, maar die party misluk klaaglik in sy doel en verdwyn in Maart 1988 van die politieke toneel. In September 1976 laat sir De Villiers Graaff sy veldtog "Red Suid-Afrika" van stapel en maak bekend dat die Verenigde Party van voorneme is om 'n nuwe opposisieparty met 'n breë grondslag te stig. Dit sou daarop gemik wees om 'n breë spektrum van Suid-Afrikaanse kiesers te verteenwoordig en geheel en al vry wees van enige verbintenis met die "doodloopstraat-politiek" van die verlede. Die stigters van die party het gehoop hulle sou steun kon trek van alle bestaande partye en dat dit uiteindelik sterk genoeg sou wees om 'n algemene verkiesing te wen. 'n Komitee is aangestel met as voorsitter Kowie Marais, afgetrede regter van die Hooggeregshof. Die ander lede was drie verteenwoordigers van die VP, drie lede van die Progressiewe Reformisteparty en een van die Demokratiese Party (1973).
141399
Auloplax breviscopulata is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die glassponse (Hexactinellida). Die spons lewe in die diepsee. Die skelet van die spons bestaan uit spikula van kiesel. Die spons behoort tot die geslag Auloplax en behoort tot die familie Auloplacidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2011 deur Reiswig & Kelly. Van Soest, R. (2011). Auloplax breviscopulata Reiswig & Kelly, 2011. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=577475.
293757
Luke Arnold (gebore 31 Mei 1984) is 'n Australiese akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Broken Hill (2009) en Half Magic (2018), en in die televisiereeks Black Sails (2014). 2009: Broken Hill 2011: Dealing with Destiny 2011: The Tunnel 2013: Murder in the Dark 2018: Half Magic 2018: Why Not Choose Love: A Mary Pickford Manifesto 2018: Hyde Park 2012: Event Zero 2014: Black Sails For Love 2006: One Perfect Day Luke Arnold in die Internet-rolprentdatabasis Luke Arnold op Twitter
373023
Gladiolus gregarius is 'n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is inheems aan die Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda en Zambië. http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:437498-1
30636
Bakgat! is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 April 2008 vrygestel is. Die regisseur was Henk Pretorius. Die rolprent het Engelse onderskrifte om dit vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Die ouderdomsperk is 13 (seks en taal). Komedie Cherie van der Merwe as Katrien Swanepoel Ivan Botha as Wimpie Koekemoer Neil Sharim as Japie Andrew Thompson as Fanie Kaz McFadden as die Cheetah slagoffer Lelia Etsebeth as Liezl du Plessis Die fliek begin met Wimpie Koekemoer wat droom om eendag populêr te wees. Sy droom word onverwags waar as Katrien Swanepoel deur haar kêrel afgesê word en sy onderneem om die skool se grootste "geek" in 'n eerste-span rugbyspeler te verander. Lys van Afrikaanse rolprente Bakgat fliek se webwerf Leon se Fliekrubriek
36636
Oos-Friesland (Duits: Ostfriesland, Oos-Friese Platduits: Oostfreesland) is 'n streek in Nedersakse in die uiterste noordweste van die Bondsrepubliek Duitsland en behels die administratiewe distrikte Aurich, Leer en Wittmund asook die selfregerende stad Emden. Die huidige streek kom grootliks ooreen met die historiese Vorstedom Oos-Friesland wat tot in die jaar 1744 bestaan het. Oos-Friesland is aan die Noordsee geleë en behels naas sy vastelandse gedeelte ook die Oos-Friese eilande Borkum, Lütje Hörn, Memmert, Juist, Norderney, Baltrum, Langeoog en Spiekeroog. Met 'n oppervlakte van 3 144,26 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 465 000 is Oos-Friesland in vergelyking met ander Duitse streke yl bevolk. Kenmerkend vir die gebied is die ontbreking van 'n groot stedelike sentrum. Vyf middelgroot stede - Emden, Aurich, Leer, Norden en Wittmund - en vyf kleiner stedelike nedersettings gee naas 'n groter aantal dorpe 'n besondere demografiese struktuur aan Oos-Friesland. Die streek is eeue lank deur landbou, vissery en - in sy klein aantal stede - ook handel oorheers. Seehandel het 'n belangrike rol in die Oos-Friese hawestede gespeel.
44094
Serenje is die vyfde grootste dorp van Zambië se Sentrale Provinsie en gee ook sy naam aan die distrik, waarvan die dorp die administratiewe setel is. Die geskatte bevolking was in 2009 9 473, 'n toename van minder as duisend vergeleke met die 2000-sensus. Die dorp het 'n spoorwegstasie van die Tazara-spoorlyn, 200 km oosnoordoos van die spoorlyn se beginpunt by Kapiri Mposhi. Die dorp lê ook aan die Great North Road, wat van hier noordoos 236 km tot by Mpika strek, dan 260 km tot by Isoka en uiteindelik nog 109 km tot by Tunduma aan die grens met Tanzanië. Die ou Great North Road swenk by Mpika noord tot op Kasama. Hoewel Serenje twee motels het, is albei raserig. Reisigers wat in die omgewing wil oornag, word aangeraai om 50 km verder met die Great North Road te ry tot by die Kundalila-waterval. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2013. Besoek op 30 Junie 2013. Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000
54708
Die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika. Die munisipaliteit beslaan 'n oppervlakte van 2455 km². Volgens die 2011-sensus word die munisipaliteit as volg verdeel: "City of Cape Town". Municipal Demarcation Board. Besoek op 19 Oktober 2009.[dooie skakel] Lookup Tables – Statistics South Africa
69732
NGC 3628 is ’n spiraalsterrestelsel sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek. Die sterrestelsel het ’n gety-stert van sowat 300 000 ligjare lank wat veroorsaak is deur ’n interaksie met ’n ander stelsel. Dit vorm saam met Messier 65 en Messier 66 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels. Die merkwaardigste eienskap van NGC 7089 is ’n breë band van stof aan die buitekant van die spiraalarms wat deur die stelsel sny soos van die Aarde af gesien. SEDS: NGC 3628 Geargiveer 10 September 2011 op Wayback Machine Foto's Geargiveer 19 Oktober 2012 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie NGC 3628. Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koördinate: 11h 20m 17s, +13° 25′ 23″
78804
Die Piet-tjou-tjougrysmees (Parus afer) is 'n gelokaliseerde, algemene, endemiese standvoël in fynbos en Karoobossieveld - dikwels naby klipbanke en ou geboue. Die voël is 15 cm groot en weeg 18 - 22 gram. In Engels staan die voël bekend as die Grey Tit. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Parus afer". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
88542
Die Lugmagbasis Durban (ICAO: FADN) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) geleë by die ou Durban Internasionale Lughawe in Durban in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. 15 Eskader - helikopter-eskader 105 Eskader 508 Eskader - burgermag-eskader betrokke by misdaadvoorkoming en algemene patrollie in die nabye omgewing. Sommige van die Lugmag se helikopters word by die Lugmagbasis Durban gestasioneer. Atlas Oryx AgustaWestland AW109 MBB/Kawasaki BK 117 helikopters saairforce.co.za Lugmagbasis Durban http://www.af.mil.za/bases/afb_durban/15sqn.htm Geargiveer 13 Maart 2016 op Wayback Machine http://www.af.mil.za/bases/afb_durban/508sqn.htm#al Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine http://www.pictaero.com/en/airports/airport,za,fadn
125028
Die Fly (Engels: Fly River, Tok Pisin: wara Flai) is met 'n lengte van 1 100 km (700 myl) een van die langste riviere op die eiland Nieu-Guinee, van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee, asook van die kontinent Oseanië. Die Fly ontspring in die Viktor Emmanuel-bergreeks in Sentraal-Nieu-Guinee, net suid van die Sepik se bron in die Westelike provinsie van Papoea-Nieu-Guinee. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike rigting en raak die grens tot Indonesië. Vanaf hier vloei die Fly in 'n suidoostelike rigting en mond by Daru in 'n wye delta in die Koraalsee uit. Die Fly se omgewing is gekenmerk deur moerasse, reënwoud en berge. Dié rivier se delta is in 1842 deur die Brit Francis P. Blackwood vir Europa ontdek en ná sy skip, die HMS Fly genoem. "Fly River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019. Besoek op 21 Augustus 2017. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Fly. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
275432
Viktor de Kowa (8 Maart 1904 – 8 April 1973) was 'n Duitse akteur, regisseur, en skrywer.
228807
Mary Steenburgen (gebore 8 Februarie 1953) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Time After Time (1979), Back to the Future Part III (1990), Step Brothers (2008), en Last Vegas (2013). 1978: Goin' South 1979: Time After Time 1980: Melvin and Howard 1983: Cross Creek 1983: Romantic Comedy 1985: One Magic Christmas 1987: Dead of Winter 1989: Miss Firecracker 1989: Parenthood 1990: Back to the Future Part III 1991: The Butcher's Wife 1993: What's Eating Gilbert Grape 1994: Clifford 1994: It Runs in the Family 1994: Pontiac Moon 1995: Powder 2001: The Trumpet of the Swan 2001: Wish You Were Dead 2001: Nobody's Baby 2002: Mrs. Pilgrim Goes to Hollywood 2003: Casa de los babys 2003: Hope Springs 2003: Beyond Borders: John Sayles in Mexico 2005: Marilyn Hotchkiss' Ballroom Dancing & Charm School 2006: O Lucky Malcolm! 2007: Nobel Son 2007: Elvis and Anabelle 2008: Step Brothers 2008: Four Christmases 2008: American Outrage 2009: In the Electric Mist 2009: The Open Road 2009: The Proposal 2013: Last Vegas 2013: Brahmin Bulls 2013: The Tale of the Princess Kaguya 2014: Song One 2015: A Walk in the Woods 2016: The Book of Love 2016: Dean 2016: Katie Says Goodbye 2017: I Do...
57660
Die Van Riebeeck-fees was die driehonderdjarige herdenking van die landing aan die Kaap van Jan van Riebeeck en daarmee saam die grondlegging van wat later sou uitloop op die Kaapkolonie en toe die Unie van Suid-Afrika. Dit was saam met die Simboliese Ossewatrek in 1938 en die inhuldiging van die Voortrekkermonument in 1949 een van die drie grootste feeste in Suid-Afrika in die twintigste eeu. Die fees se slagspreuk was: "Ons bou 'n nasie" en die sentrale gedagte vir die feesvieringe: "Suid-Afrika ná driehonderd jaar." Die Van Riebeeck-fees het dieselfde vorm aangeneem as die vorige volksfeeste toe dit ruim staatsteun gekry het. Die sentrale feeskomitee het onder voorsitterskap gestaan van dr. Abraham van der Merwe, amper 40 jaar lank medeleraar van die NG gemeente Kaapstad, vyf maal agtereenvolgens deur die Kaapse Sinode tot moderator verkies en voorsitter van die eerste Algemene Sinode in 1962. Plaaslike feeste oor die hele land moes die weg berei vir die sentrale viering in Kaapstad. Hiervoor hiervoor het poskoetse, getrek deur perdespanne, uit die uithoeke van die land lang togte na Kaapstad onderneem.
114582
Ilse de Korte is ’n Afrikaanse skrywer. Ilse Carla de Korte (gebore Groenewald) matrikuleer in 1994 aan die Pinelands High School. Sy studeer vanaf 1995 verder aan die Universiteit van Kaapstad in drama en tale, waar sy in 2005 ’n Ph.D.-graad oor mite en ideologie verwerf. Vir hierdie graad doen sy ook navorsing in Nederland. Vanaf Januarie 2007 tot Desember 2010 is sy ’n dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy stig Bon Mot taaldienste in 2010, waar sy redigeer- en skryfwerk doen vir kliënte en korporatiewe kommunikasie-klasse aanbied. in Februarie 2012 word sy aangestel as ontwikkelingsredakteur by Oxford University Press. Sy gee ook klas aan die Adam Miskiewicz Universiteit in Pole en die AFDA filmskool. By die Universiteit van Kaapstad is sy vanaf Februarie 2014 betrokke as konsultant by die Skryfsentrum. Sy debuteer met die chick lit-roman “Die jaar toe Emma begin kook het”. Ná ’n fiasko met hoenderpasteie by ’n troue word Emma in Hermanus as die hoofsjef van die restaurant Chantilly aangestel.
268208
Adrio König is 'n Suid-Afrikaanse teoloog en skrywer. Hy is sedert 1975 professor in sistematiese teologie aan Unisa, en is bekend as begaafde skrywer van talle akademiese sowel as populêre boeke en artikels. Hy is gesog as spreker, prediker, geprekleier en debatteerder in die media. Hy skryf in Afrikaans en Engels. Jesus Christus die Eschatos The Eclipse of Christ in Eschatology: Toward a Christ-Centered Approach Hy Kan Weer en Meer New and greater things: Re-evaluating the Biblical message on creation (Studia originalia / UNISA) Here I am!: A believer's reflection (Manualia - Unisa) Here Am I!: A Christian Reflection on God Die Evangelie is op die Spel, ISBN: 9780796313454 (NB-Uitgewers) Terug na die Ou Testament, ISBN: 9780796318848 (NB-Uitgewers) Leef uit jou doop Paulus - Die indringer-apostel wat die evangelie gered het, ISBN: 978-1-4316-1528-5 (Christelike Uitgewersmaatskappy [CUM]) Christ Above All: The Book of Hebrews (Transformative Word). Bellingham, Washington. Is die Bybel betroubaar? - Wat dan van al die probleme?
114110
Olof Bergh was ’n ou-Kaapse amptenaar en die stamvader van die Bergh-familie in Suid-Afrika. Sy boekstawing van sy reise na die binneland is van die eerste Nederlandse geskrifte om op Suid-Afrikaanse bodem te ontstaan. Olof Martini Bergh is op 16 April 1643 in Gotenburg in Swede gebore as die jongste seun uit ’n Sweedse aristokratiese familie. Op 22-jarige ouderdom tree hy in 1665 in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Hy dien eers in die Ooste en verhuis dan in 1676 na die Kaap waar hy die stamvader van ’n bekende familie word. Hy is op 10 September 1678 in Kaapstad met Anna de Coningh getroud. Wanneer Simon van der Stel goewerneur word in 1679 is hy ’n vaandrig aan die Kaap. Aanvanklik gaan hy as veeruiler op ruiltogte na die naburige sowel as na die verder afgeleë krale soos die van die Hessequas, ’n Khoi-stam. In 1682, kort voor sy reis na Vigiti Magna, kry hy opdrag om die skatte uit die gestrande Engelse skip Joanna te gaan haal. Hierdie skip het vergaan anderkant die teenswoordige Hermanus, in die buurt van Gansbaai.
226420
Joan Pringle (gebore 2 Junie 1945) is 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Original Sin (2001) en in die televisiereekse The White Shadow (1978), Friends (1994), en JAG (1995). 1976: J.D.'s Revenge 2001: Original Sin 1952: This Is the Life 1977: Rafferty 1978: The White Shadow 1994: Friends 1995: JAG 1993: Visions of Murder 1994: Eyes of Terror Joan Pringle in die Internet-rolprentdatabasis
113835
Tinus Horn is 'n Suid-Afrikaanse joernalis, kunstenaar en skrywer. Horn maak van beeldhouwerk sowel as skilderwerk as kuns-medium gebruik. Sy jongste roman Boas Mei is verward het in 2015 verskyn. Tinus Horn behaal in 2006 ’n Gevorderde Diploma in die Skone Kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is ’n kunstenaar wat allerlei kreatiewe uitlaatkleppe ondersoek en hy skryf onder meer televisie-draaiboeke, skilder portrette, teken strippe, doen illustrasies en skryf. Sy werk word verskeie kere uitgestal, onder andere in 1990 onder die titel To hell and back (saam met Alistair Findlay en Derek Bauer) in die Gallery on the Market, en in 1992 onder die titel Promised land saam met Alistair Findlay in die Rembrandt van Rijn Galery. Die kunsuitstalling wat hy en Alastair Findlay in 1997 in die Thompson-galery in Melville in Johannesburg onder die titel Holy shit hou, is omstrede weens die spot met godsdiens daarin. In 2002 hou hy ’n solo-uitstalling (Faces on the shelf) in die Boekehuis in Aucklandpark en in 2006 is die solo-uitstalling Gentle demons, furious angels by die Bamboo Galery.
124965
Die Wiljoei (Russies: Вилю́й, [vʲɪˈlʲʉj]; Jakoeties: Бүлүү, Bülüü, [bylyː]) is die grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 650 km (1 647 myl), ontspring in die Wiljoei-plato naby Ekonda, Krasnojarsk-krai, net noordwes van Jakoetië. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting tot by Tsjernisjewskij en later in 'n oorwegend oostelike rigting met 'n suidelike boog tot by Soentar. Die Wiljoei vloei agtereenvolgens deur Njoerba, Werchnewiljoeisk en Wiljoeisk. Sowat 124 km (200 myl) stroomaf van Jakoetsk mond die Wiljoei in die Lena se middelloop uit. Belangrike sytakke sluit in die Marcha (1 181 km) en die Tjoeng (1 092 km). "Vilyuy River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2019. Besoek op 18 Augustus 2017. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wiljoei. Hierdie Rusland-verwante artikel is ’n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.
281729
Paavo Järvi (Esties: ˈpɑːʋo ˈjærʋi; gebore op 30 Desember 1962) is 'n Estiese dirigent. Järvi was in Tallinn, Estland gebore as die seun van Liilia Järvi en die Estiese dirigent Neeme Järvi. Sy broers en susters, Kristjan Järvi en Maarika Järvi, is ook musikante. Nadat hulle Estland verlaat het, het die gesin hulle in die VSA gevestig. Järvi het privaat gestudeer onder Leonid Grin in Philadelphia by die Curtis Institute of Music saam met Max Rudolf en Otto-Werner Mueller; en by die Los Angeles Filharmoniese Instituut onder Leonard Bernstein. Järvi was vanaf 1994 tot 1997 die hoofdirigent van die Malmö Simfonieorkes gewees. Hy was vanaf 1995 tot 1998 die mede hoofdirigent by die Koninklike Stockholm Filharmoniese Orkes gewees saam met die dirigent Andrew Davis. Järvi was vanaf 2001 tot 2011 musiekdirekteur van die Cincinnati Simfonieorkes gewees. Die orkes het 'n aantal opnames vir die Telarc plaatetiket gedurende Järvi se tyd aan die hoof daarvan gemaak. In Mei 2011 was hy aangestel as die orkes se Musiekdirekteur Laureaat. Hy is sedert 2004 die Artistieke Direkteur van die Deutsche Kammerphilharmonie, Bremen en ook die Artistieke Adviseur tot die Estiese Nasionale Simfonieorkes.
16342
Colonia del Sacramento (Portugees: Colônia do Sacramento) is 'n dorp in die suidweste van Uruguay, teen die Río de la Plata en sowat 177 kilometer wes van die hoofstad Montevideo af geleë, met 'n bevolking van 25 762 in 2011. Dit is die oudste nedersetting in die land en hoofstad van die departamento Colonia. Veerbote verbind die nedersetting met die Argentynse hoofstad Buenos Aires. Die vesting en dorp is in Januarie 1680 deur die Portugese goewerneur van Rio de Janeiro, Manuel Lobo, in opdrag van die prins-regent Pedro II van Portugal vir verdedigingsdoeleindes gestig. Later het die Spanjaarde, wat hulle aan die oorkant van die Río de la Plata in Buenos Aires gevestig het, vanweë sy strategies belangrike ligging aanspraak gemaak op Colonia del Sacramento. Die inheemse Guaraní-stamme het in 1742 oorlog teen die Portugese gevoer om hulle te verdryf. In 'n aantal ooreenkomste soos die Verdrag van Madrid van 1750 en die Verdrag van Santo Ildefonso van 1777 het die nedersetting en sy vesting om die beurt onder Spaanse en Portugese bewind gekom, totdat dit uiteindelik vir goed in Spaanse hande gebly het.
27304
Wêreldomgewingsdag is 'n jaarlikse herdenking wat op 5 Junie gehou word. Die doel van hierdie dag is om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid daarvan dat die omgewing en die natuurlike hulpbronne met sorg gehanteer en bewaar word. Die aandag word by herhaling gevestig op onder andere die waarde van natuurlike hulpbronne, die gevare van besoedeling, en die nadele verbonde aan die gebruik van chemiese insek-, plaag- en pesbestrydingsmiddels. Die Wêreldomgewingsdag (Engels: World Environment Day) is op 5 Junie 1972, die openingsdag van die eerste Wêreldomgewingsspitsberaad in Stockholm (Swede), amptelik deur die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram in die lewe geroep. Tans word hierdie jaarlikse herdenking deur sowat 150 lande wêreldwyd gehou. Senior Biologie, Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
48304
Manuel Rivera-Ortiz (gebore 23 Desember 1968 in Pozo Hondo, Guayama, Puerto Rico) is 'n Amerikaanse fotograaf, bekend vir sy dokumentêre foto's van mense se lewensomstandighede in ontwikkelende lande. Van sy werk behoort tot versamelings in museums, waaronder die George Eastman House International Museum of Photography and Film. In 2004 wen hy die En Foco's New Works Photography Award en in 2007 die Kunstenaar van die Jaar Toekenning van die Kunste en Kulturele Raad vir die Greater Rochester (Arts and Cultural Council for Greater Rochester). Tobacco Harvesting, Valle de Viñales, Kuba (2002) Widow Of The Mines, Potosí, Bolivië (2004) City Dump, Yamuna River Slum, Delhi, Indië (2005) "2006 Annual Report" (PDF) (in Engels). George Eastman House. p. 9. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 Desember 2010. Besoek op 7 Maart 2010. "EN FOCO Photographers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2010. Besoek op 21 Junie 2010. Nueva Luz Magazine, Vol. 11, No. 2, pgs. 2-9, 2006.
82324
Die sandsterappel (Diospyros loureiriana) is 'n klein boom wat in bosveld en ruigtes op sandgrond in die noordooste van Suid-Afrika, ooste van Zimbabwe en die suide van Mosambiek voorkom. Die boom het taamlike groot blare 30 – 100 mm met 'n breë, af gespitste punt en geronde basis. Die boom lyk baie soos en sy verspreiding oorvleuel met die bloubos s'n. Die boom se nasionale nommer is 604.1 Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
28641
Pous Leo kan verwys na 'n aantal pouse van die Rooms-Katolieke Kerk, naamlik: Pous Leo I (440 – 461). Pous Leo II (682 – 683). Pous Leo III (795 – 816. Pous Leo IV (847 – 855). Pous Leo V (903). Pous Leo VI (928 – 928). Pous Leo VII (936 – 939). Pous Leo VIII (963 – 964). Pous Leo IX (1049–1054). Pous Leo X (1513–1521). Pous Leo XI (1605). Pous Leo XII (1823–1829). Pous Leo XIII (1878–1903).
32637
Alge (enkelvoud alg) is 'n groep eenvoudige, tipies outotrowe organismes, met 'n groot verskeidenheid wat wissel van eensellige tot meersellige vorme. Die grootste en mees komplekse vorme is die seewiere. Hulle fotosinteer net soos plante en is eenvoudig omdat hulle nie die organe bevat wat tipies in landelike plantegroei aangetref word nie. Die prokariotiese sianobakterieë (dikwels na verwys as die blougroen alge) was tradisioneel ingesluit in die groep "alge" in ouer handboeke, maar word nie langer as sodanig deur moderne wetenskaplikes geklassifiseer nie en hulle beperk die term alge tot eukariotiese organismes. Alle ware alge het daarom 'n kern wat deur 'n membraan omsluit is en bevat chloroplaste in een of meer membrane. Die klassifikasie word gewoonlik op die samestelling van die fotosinterende pigmente in die sel, die aard van die reserwevoedsel en ander morfologiese kenmerke gebaseer. Sommige bioloë beskou wiere of alge as lede van die planteryk. Die huidige tendens is egter om hulle in die ryk Protista te klassifiseer. Hulle is fotosinterende organismes wat in alle vogtige omgewings op aarde voorkom, hetsy in die oseane of op die hoogste bergspitse, terwyl hulle selfs op kaal rotse of op glasruite kan groei.
34738
Die Krieketwêreldbeker 2007 (Engels: 2007 Cricket World Cup), amptelik bekend as die IKR Krieketwêreldbeker 2007, het van 13 Maart tot en met 28 April 2007 in Wes-Indië plaasgevind. Dit was die negende krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in die Amerikas. 16 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2007 deelgeneem, meer as by enige ander krieketwêreldbeker, en 51 wedstryde is gespeel, drie minder as tydens die vorige Krieketwêreldbeker 2003 (ondanks twee bykomende deelnemende spanne). Die spanne is in vier groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer, waarvan weer die boonste vier spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. Die verdedigende kampioen Australië wen op 28 April met 53 lopies teen Sri Lanka op die Kensington-ovaal in Barbados, hulle het sodoende hul vierde titel ingepalm en ’n driekuns behaal, die enigste land wat dit tot dusver bereik het.
39772
Die wet van Titius-Bode gee die afstand van planete tot die son op basis van hulle rangnommer. Die wet lui: a = 0,4 + 0,3 × 2(n - 2) Met as a die afstand in AU van die planeet, n die rangnommer van die planeet, gereken na die afstand tot die son. Dus: Daar is geen wetenskaplike basis vir hierdie 300-jaar oue wet nie, behalwe vir die ooreenkoms met die waargenome afstande van die planete wat destyds bekend was. Omdat die wet slegs geldig is indien Jupiter die rangnommer 6 ontvang, het sommige sterrekundiges "voorspel" dat daar tussen Jupiter en Mars nog 'n onontdekte planeet sou moes wees. Die dwergplaneet Ceres, wat in 1801 ontdek is, word deur sommige as hierdie "verlore skakel" beskou. Vir die eerste planeet wat daarna ontdek is, Uranus, het dit geblyk dat die wet steeds geldig is, maar vir planete wat later ontdek is (Neptunus en Pluto) het die werklike afstand aansienlik afgewyk. Die patroon is deur die sterrekundige Johann Daniel Titius ontdek en in 1768 deur sy kollega, Johann Elert Bode, gepubliseer in sy boek Anleitung zur Kenntnis des gestirnten Himmels.
368307
Erica bolusiae is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap waar dit van Yzerfontein totby Kraaifontein voorkom. Die plant se habitat word bedreig deur voorstedelike ontwikkeling, landbou aktiwiteite, oorbewyding en indringerplante soos die acacia- spesies. Daar is tans nog net 250 spesies oor. Lys van Erica spesies http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1820-95 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:328303-1
29388
Die Free Pascal GUI Toolkit (of meer algemene naam, fpGUI) is 'n kruisplatform grafiese ontwikkelingshulpmiddel wat ontwerp is deur Graeme Geldenhuys. fpGUI is vry sagteware en oopbronsagteware en is met 'n gemodifiseerde GNU Lesser General Public License (LGPL) gelisensieer. fpGUI is ontwikkel met die Free Pascal kompileerder wat beteken dat dit gebruik maak van die Object Pascal programmeertaal. fpGUI bestaan net uit grafiese komponente en 'n kruisplatform 2D grafiese programmateek. Dit implementeer geen databasislaag, 3D grafika of XML-ontleder nie. Dit maak ook nie staat op enige groot derde-party programmateek, soos GTK of QT nie. Al die ekstra funksies kom direk van Free Pascal af, deur gebruik te maak van die RTL en FCL wat saam met Free Pascal versprei word. Die eerste weergawe van fpGUI is geskyf deur Sebastian Günther in 2000. Dit is toe later in 2002 afgelas. Daar was nog baie funksies uitstaande in fpGUI voordat die werklik bruikbaar kon wees. Graeme Geldenhuys het die projek in die middel van 2006 weer begin waar Sebastian jare vroeër opgehou het. Hy het voortgegaan met die ontwikkeling van fpGUI vir die volgende jaar.
126036
1, 2, 3 en 6 Malalane, die dorp in die Ehlanzeni-distrik, Mpumalanga, Suid-Afrika, 25°29′00″S 31°31′00″O / 25.48333°S 31.51667°O / -25.48333; 31.51667 (Malalane (dorp)) Malalane, 'n klein bergkoppie in die Ehlanzeni-distrik, Mpumalanga, Suid-Afrika, 25°33′00″S 31°31′00″O / 25.55°S 31.51667°O / -25.55; 31.51667 (Malalane (berg)) Malalanespruit, 'n spruit by Malelane, Mpumalanga, Suid-Afrika 25°30′13″S 31°30′54″O / 25.50365°S 31.51488°O / -25.50365; 31.51488 (Malalanespruit) Malalane, 'n toegangshek na die suide van die Krugerwildtuin, Mpumalanga, Suid-Afrika, 25°27′44″S 31°31′56″O / 25.46225°S 31.53234°O / -25.46225; 31.53234 (Malalane (hek)) Malalane, 'n satelietkamp in die verre suide van die Krugerwildtuin, Mpumalanga, 25°28′37″S 31°30′41″O / 25.4770°S 31.5115°O / -25.4770; 31.5115 (Malalane (kamp)) Malelane, die oorspronklike groente- en suikerrietplaas (vandag TSB) waarop die dorp uitgelê is.
251486
Lena Halliday (1882 – 1937) was 'n Engelse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Bells of St. Mary's (1928), Honeymoon Abroad (1928), When Knights Were Bold (1929), en Inquest (1931). 1927: Motherland 1928: The Bells of St. Mary's 1928: Honeymoon Abroad 1929: When Knights Were Bold 1931: Inquest Lena Halliday in die Internet-rolprentdatabasis
254402
Hugh Clifton is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Mr. Justice Raffles (1921), Tansy (1921), The Narrow Valley (1921), en Dollars in Surrey (1921). 1920: John Forrest Finds Himself 1920: Great Snakes 1921: Mr. Justice Raffles 1921: Tansy 1921: The Narrow Valley 1921: Dollars in Surrey 1921: The Tinted Venus 1921: The Lunatic at Large 1921: Wild Heather 1922: Simple Simon 1922: The Grass Orphan 1923: The Pipes of Pan Hugh Clifton in die Internet-rolprentdatabasis
64031
Op pad in Suid-Afrika is 'n Afrikaanse boek wat deur Barend Erasmus geskryf is en deur Jonathan Ball Publishers uitgegee word. Die boek behandel die magdom gehuggies, dorpe en stede van Suid-Afrika. Die klem val op die verhale wat in hierdie plekke opgesluit lê. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke word geskets. Gedetailleerde streekkaarte is by elke hoofstuk ingesluit, wat aangevul word met roete-aanwysings in die teks. Die boek se hoofstukke is logies gerangskik vanaf Kaapstad en kring verder noordwaarts uit. Dit beeld die diversiteit van Suid-Afrika uit, wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste; van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droë wildernisse van die noordweste; van bedrywige metropole tot klein gehuggies. 1995, hardeband, ISBN 1-86842-026-4 1 Oktober 2005, hardeband, ISBN 1-86842-026-4 April 2007, sagteband, 400 bladsye, ISBN 978-1-86842-149-7 Die boek op Google Boeke Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
94187
Hendrik Vermooten (Potchefstroom, * 20 Mei 1921 – † 3 Januarie 2013) was ’n Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue en talle ander geboue dwarsdeur Suider-Afrika. Vermooten is gebore in Potchefstroom. Sy ouers was Bastiaan Jacobus en Petronella Susanna (gebore Prinsloo) Vermooten. Hy het sy hoërskoolopleiding op Potgietersrus gekry waar sy vader handwerkonderwyser en inspekteur was. Omdat daar nie iemand was wat die planne vir nuwe huise kon teken nie, het hy dit gedoen en sy seun mettertyd geleer. So is sy belangstelling in boutekenwerk aangemoedig. Einde 1937 het Vermooten gematrikuleer met onderskeidings in Duits en Matesis. In 1938 is hy na die Universiteit van Pretoria om argitektuur te studeer. Hy het tuisgegaan in die Kollege-tehuis saam met ’n aantal teologiese studente, vir ’n aantal van wie hy later kerk- en ander geboue ontwerp het. Destyds tyd is die diploma in argitektuur aan die universiteit aangebied en moes hy, ook om finansiële redes, werk en deeltyds studeer. Werk was skaars en hy laat in die jaar net vir ondervinding in die Pretoriase kantoor van Leendert en Geurt Geers gaan werk.
96637
Johan Georg Carinus (distrik Stellenbosch, 11 Junie 1892 – Kuilsrivier, 27 Desember 1968) was van 1946 tot 1951 die sewende administrateur van Kaapland en die laaste tot die einde van die provinsie se bestaan in 1994 wat nie tot die Nasionale Party behoort het nie. Johan Carinus is op Vlottenburg in die distrik Stellenbosch gebore en het op Franschhoek skoolgegaan, waar Hans Strijdom een van sy medeleerders was, maar die skool reeds op dertienjarige leeftyd verlaat om sy vader by te staan met die boerdery op sy geboorteplaas, Blue Gum Grove. Sy lewe lank het hy in hart en siel boer gebly. Op die plaas het hy onder leiding van sy moeder, wat onderwyseres was, verder geleer. Reeds as jong man het hy in die openbare lewe belanggestel. In die dertigerjare het hy bestuurslid en later voorsitter van sowel die Landbou-unie van die Winterreënvalstreek as die Kaaplandse Landbou-unie geword. Hy het ook in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie gedien, maar het met sy toetrede tot die politiek in 1942 uit al hierdie besture bedank. As bewonderaar van genl. J.B.M. Hertzog was Carinus aanvanklik lid van die Nasionale Party.
115609
Mieke Telkamp, gebore Maria Berendina Johanna (Mieke) Telgenkamp (* 14 Junie 1934 in Oldenzaal; † 20 Oktober 2016 in Zeist), was 'n Nederlandse sangeres. Sy is veral bekend vir die liedjie Waarheen, waarvoor ('n vertaling van Amazing Grace) waarmee sy haar terugkeer in 1971 maak. Telkamp word in 1953 bekend met Here in my heart, 'n lied wat in 1952 deur Al Martino gesing is. Daarna het sy talle suksesvolle snitte opgeneem, soos Nooit op Zondag en Eb en Vloed. Sy was ook in Wes-Duitsland suksesvol, veral met Prego, prego gondeliere, wat bykans 'n miljoen eksemplare verkoop het. Sy het die verhoognaam Mieke Telkamp gebruik, omdat haar van, Telgenkamp, nie vir 'n loopbaan in Duitsland geskik was nie. Sy wen die eerste prys, die sogenaamde Gouden Gondel, in 1957 tydens die Fees van Venesië. In 1962 neem sy aan die Liedjiefees van Knokke deel en in 1964 speel sy in die revue Snip en Snap. Op advies van haar dokter onttrek sy haar in 1967 van die vermaaklikheidswêreld. In die 1970's besluit sy om nuwe lewe in haar loopbaan in te blaas.
3005
Die jaar 879 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 79ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Boudewyn II volg sy vader Boudewyn I op as graaf van Vlaandere. Pous Johannes VIII erken Patriarg Photius en beëindig daardeur die kerkskeuring met Konstantinopel. Koning Indravarman I van die Khmer-ryk lê die grondslag van die tempel van Preah Ko naby Angkor Rjoerik, Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* circa 830) Teenpous Anastasius III Bibliothecarius. (*810 ongeveer). The Civilization of Angkor Charles Higham, University of California Press, 2004, ISBN 0-520-24218-1, ISBN 978-0-520-24218-0
4757
Brisbane kan na een van die volgende verwys: Brisbane, Queensland, die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Queensland in Australië. Brisbane, Skotland, 'n dorp in Skotland, Verenigde Koninkryk. Brisbane, Kalifornië, Verenigde State Brisbane, Noord-Dakota, Verenigde State HMAS Brisbane (1915) 'n Town klas ligte kruiser, gelanseer in 1915 HMAS Brisbane (D 41), 'n Perth klas geleide missiel torpedojaer gelanseer in 1966 en uit diens gestel in 2001 HMAS Brisbane (DDG 41), 'n Hobart klas vir lugverdediging torpedojaer, in diens gestel in 2018 SS Brisbane (1874) Lady Brisbane, kruiser.
34349
Die Volkstem was 'n Nederlandse en later Afrikaanse dagblad (in die dekade na 1880 het dit 'n kort ruk lank in Engels en Nederlands verskyn). Die Volkstem was die eerste Afrikaans-Hollandse koerant noord van die Oranjerivier. Dit het die eerste keer as weekblad verskyn in Pretoria op 8 Augustus 1873 en later tweeweekliks onder die naam De Volksstem, Nieuws- en Advertentieblad. Pres. Burgers het met Jan F. Celliers (bynaam Jan Volkstem), assitentredakteur van Het Volksblad in Kaapstad, onderhandel om 'n regeringsgesinde koerant in die Transvaalse hoofstad op te rig. N.J.R. Swart, staatsekretaris, James Buchanan, prokureur-generaal, H.C. Bergsma en Fred Jeppe het elkeen £80 belowe as aanvangskapitaal. Met sy aankoms in Transvaal word Cilliers die koerant se eienaar en bestuurder en hy bly ook aan as redakteur tot 1888. Tydens die eerste anneksasie van Transvaal het die Britse administrasie die uitgee van die koerant verbied van 1 tot 23 Oktober 1878 toe beslag op die drukpers gelê is en weer van 20 Desember 1880 tot 2 April 1881 nadat Celliers en sy assistent, W.E. Bok (later staatsekretaris en die man na wie Boksburg vernoem is), in hegtenis geneem is op 'n klag van hoogverraad.
112655
Die Derde Liga (tot 2016 Topklasse geheet) is die vierde vlak in die Nederlandse sokkerkompetisies en is semiprofessioneel. Die Derde Liga is opgedeel in twee aparte kompetisies: die Saterdag Derde Liga (vir spelers wat vanweë hulle geloofsoortuigings nie op Sondag mag speel nie). die Sondag Derde Liga. Die kampioene speel in Mei 'n dubbel-eindstryd vir die algehele amateurkampioenskap. Die kampioen skuif op na die Tweede Liga. Die nommers 14, 15 en 16 relegeer na die Hoofdklasse. In 2020 en 2021 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie geen kampioen gekroon nie. Ajax Amateurs BVV Barendrecht VV DOVO DVS '33 Excelsior '31 VV Goes Harkemase Boys HSV Hoek FC Lisse ODIN '59 ONS Sneek SteDoCo Sparta Nijkerk Sportlust '46 Ter Leede VVOG VVSB ADO '20 Blauw Geel '38 DEM VV Dongen RKVV EVV VV Gemert RKSV Groene Ster USV Hercules VV Hoogland HSC '21 OFC Oostzaan OSS '20 HV & CV Quick VV UNA RKVV Westlandia Die wenners van beide Derde Liga ('Topklasse' tot 2016). Die wenner van die eindstryd tussen die Saterdag- en Sondagwenner is vetgedruk.
228331
Carla Harvey (gebore 4 Oktober 1976) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Happy in the Valley (2009) en Dry Run (2010), en in die televisiereekse The Weekend Flash (2002) en Rules of Engagement (2007). 2009: Happy in the Valley 2010: Dry Run 2002: The Weekend Flash 2007: Rules of Engagement 2009: E-Rotic 2000: Sexy Girls Next Door 2004: Women of Island Paradise 2005: Frankenstein vs. the Creature from Blood Cove: The Making of 2006: Lingerie Seduction 2011: Hot Chick Eye Carla Harvey in die Internet-rolprentdatabasis
3585
Die jaar 267 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 3de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Koningin Zenobia van Palmira volg haar eggenoot op as heerseres van die Oos-Romeinse Ryk in naam van haar seun Vaballath.
101775
Anna Louisa (Annie) Visser (plaas Lokshoek, distrik Jagersfontein, 6 Augustus 1876 - Fauresmith, 26 Mei 1927) was 'n mezzo-sopraan en een van die eerste Afrikaanse sangeresse wat plate van gewilde Afrikaanse liedere gemaak het. Sy het in Londen en Nederland studeer, konsertreise deur Suid-Afrika onderneem en ook op die eerste kongres van die Nasionale Party in Bloemfontein in 1915 gesing. In haar laaste jare was sy koshuismoeder op Fauresmith, waar sy in die ouderdom van 50 oorlede is in Mei 1927. Sy het nooit getrou nie. Annie was die jongste kind. Haar vader was Gert Petrus Visser, 25 jaar lid en 18 of 19 jaar lank voorsitter van die Vrystaatse Volksraad. Haar moeder was Comfort Victoria Plewman, nasaat van die 1820-setlaars. Haar oupa aan moederskant was die 1820-setlaar Thomas John Plewman van Colesberg. Visser het haar eerste opvoeding aan die Wesleyaanse Hoër Meisieskool in Grahamstad ontvang (haar moeder was 'n boorling van die distrik Albanie waarin Grahamstad geleë is) en daarna aan die Vredenburg-Seminarie (die latere Good Hope Seminary) in Kaapstad, waar sy musieklesse ontvang het by Thomas Barrow-Dowling, orrelis van die St. George-katedraal.
105669
Galvarino (sterf 30 November 1557) was 'n bekende Mapuche-kryger gedurende die vroeë tydvak van die Arauco-oorlog in Suid-Amerika. Op 8 November 1557 het Galvarino aan die slag van Lagunillas teen die Spaanse goewerneur García Hurtado de Mendoza deelgeneem. Hy en een honderd en vyftig ander Mapuche is deur die Spanjaarde gevange geneem. As straf vir die opstand word van die gevangenes veroordeel tot die amputasie van hul regterhand en neus. In die geval van leiers, soos hoofman Galvarino, word beide hul hande geamputeer. Hierdie gevangenes word daarna vrygelaat as waarskuwing aan die res van die Mapuche om die weerstand te staak. Mendoza het gehoop dat die Mapuche se militêre leier, generaal Caupolicán, hierdeur geïntimideer sou word om die stryd te laat vaar. Na sy terugkeer verskyn hy voor Caupolicán en die oorlogsraad. Hy doen 'n oproep vir weerwraak en verskerpte weerstand teen die Spanjaarde. Hy word vereer vir sy dapperheid en benoem as aanvoerder van 'n eenheid. Messe word aan sy stompies geheg en hy het by die veldtog teen die Spanjaarde aangesluit. Gedurende die slag van Millarapue op 30 November 1557 het sy eenheid teen dié van Mendoza te staan gekom.
195113
Onotoa is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Onotoa amphiastra (De Laubenfels, 1955) Onotoa claudelevii (Rützler & Hooper, 2000)
3952
Die jaar 96 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 1ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Nerva word keiser van die Romeinse Ryk 18 September – Domitianus, 'n Romeinse keiser (* 51)
51004
Stavelot (Wallonies Ståvleu, Duits Stablo) is 'n stad in die Franssprekende Belgiese gewes Wallonië. Stavelot is in die ooste van die provinsie Liège (Nederlands Luik) geleë, sowat 50 kilometer van die stad Liège (Luik) en 150 kilometer van Brussel af. Die munisipale gebied het 'n bevolking van 6 919 (soos op 1 Januarie 2015) en 'n oppervlakte van 85 km². Stavelot het internasionale bekendheid vir sy Maaslandse metaal- en goudsmeekuns verwerf. Stavelot is in die Hoog Ardenne-bergreeks en in die sentrum van 'n uitgestrekte vrugbare gebied geleë, vlakby die grens met Duitsland. Die stad het langs die oewers van die Amel-rivier ontwikkel. Stavelot is een van die oudste nedersettings in België wat sy ontstaan aan die plaaslike abdy te danke het. Die klooster is in 648 in opdrag van die hofmeier Grimoald deur Sint Remaclus gestig. Die Merowingies-Frankiese koning Sigibert III het uitgestrekte landerye aan die abdy geskenk. As deel van die diosese van Luik het die abdy saam met die klooster van Malmédy in die diosese van Keulen in die laat middeleeue 'n ryksgebied ("Ryksabdy van Stavelot-Malmédy") gevorm wat onmiddellik van die Heilige Romeinse Ryk afhanklik was en oor sy eie setel en stem in die Raad van Ryksvorste beskik het.
119703
'n Sweeftuig is 'n tipe vliegtuig wat op sy eie deur die lug kan sweef. Sweeftuie is, anders as 'n warmlugballon of lugskip, swaarder as lug. 'n Sweeftuig kan so klein as 'n opgevoude papiervliegtuig wees, of groot genoeg om passasiers te dra. Sweeftuie kan ure lank vlieg as daar genoeg lugstrome is om hulle in die lug te hou. Die eerste vliegtuig, swaarder as lug met 'n passasier, was 'n sweeftuig in 1849. Die sweeftuig het net 'n kort entjie gevlieg met 'n tienerseun aan boord, omdat 'n volwassene te swaar sou wees. Die sweeftuig is van 'n heuwel afgestoot en moes teen die wind in opstyg. Moderne sweeftuie word deur ander vliegtuie of motors in die lug in opgetrek. Slinger-toerusting kan ook ingespan word om sweeftuie te lanseer (in die lug in te skiet). Hierdie slinger-toestelle werk soos 'n katapult. Wanner die sweeftuig hoog genoeg is word die kabel ontkoppel en die sweeftuig vlieg op sy eie vlerke verder. Sweeftuie het besonder lang vlerke om hul stygkrag te verhoog en word van ligte materiale vervaardig.
37895
Adelaide (uitgespreek /ˈædəleɪd/) is die hoofstad en die grootste stad van Suid-Australië. Die stad het ongeveer 1,3 miljoen inwoners en is die 5de grootste stad ten opsigte van sy bevolking in Australië. Adelaide is in 1836 gestig en na Adelheid van Saxe-Meiningen, William IV se vrou, vernoem. Adelaide is naby die Suidelike Oseaan en is noord van die Fleurieu-skiereiland geleë. 'n Rivier, genaamd die River Torrens, vloei deur die stad. Adelaide het 'n warm Mediterreense klimaat. Druiwe vir die produksie van wyn word in die Barossa-vallei (sowat 50 kilometer noord van Adelaide) verbou. Die stad is bekend vir sy kunstefees, die Festival of Arts. Die fees word sedert 1960 elke tweede jaar aangebied en is een van die grootste van sy soort ter wêreld. Adelaide word soms die "City of Churches" genoem vanweë die vele kerke wat daar aangetref word. 'n Ander algemeen benaming is "the 20 minute city", te danke aan die uitleg wat meeste plekke binne 20 minute van die sentrale besigheidsdistrik plaas. Adelaide was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2015.
45617
Manuel Escórcio is 'n tenoor wat bekend is vir sy operaoptredes en Afrikaanse liedjies. Hy is ook Portugees en Engels magtig en sing ook in die tale. Hy begin sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom by die Helderberg Kollege in Somerset-Wes in Suid-Afrika. Escórcio het al dwarsoor Suid-Afrika opgetree, asook in die VSA, Kanada, Brasilië, Portugal, Venezuela, die Filippyne en Australië. In 1981 word die Orde van Prins Henry aan hom toegeken. Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is. Manuel Maria Lamarque Escórcio is in Lourenço Marques in Mosambiek gebore, maar immigreer in 1966 na Suid-Afrika. Hy verwerf 'n graad in Teologie, Meesters in Musiek en die kameraadskap van die Royal Schools of London en Trinity College. Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.
64733
Liza Brönner is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI). Haar derde album, Vir eers is dit net ek... is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.) In Mei 2013 wen Brönner 'n werklikheidsprogram wat 'n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek, om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer 'n puik vertolking van die hoofrol, "Liefling" teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld. Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, "Vir eers is dit net ek" het 2Brothers Entertainment haar nuwe album, "Jy het my gevind" aangekondig. Desember 2014 - "Liefling" teater produksie by die Teatro, Montecasino.
202999
Haliclona labyrinthica is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Haliclona en tot die familie Chalinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1956 deur sensu Burton. Van Soest, R. (2011). Haliclona labyrinthica sensu Burton, 1956. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=234280. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
3384
Die jaar 499 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 5de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 1 Maart – Pous Simmachus wy Laurentius tot biskop van Nocera in Kampaniẽ in 'n poging om versoening te bewerkstellig.