id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
57212
Dr. John Daniel Kestell, ook bekend as Vader Kestell, (Pietermaritzburg, 15 Februarie 1854 – Bloemfontein, 9 Februarie 1941) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier. As skrywer het hy soms die skuilname Afrikanus Jr. en Leinad gebruik. Laasgenoemde is sy tweede naam agterstevoor gespel. John Daniel Kestell was die vyfde van ses kinders. Sy ouers was die Engelsman Charles Kestell (gebore op 9 Augustus 1818 in Wallis) en die Afrikaner Dorothea Louisa Weyer (26 Maart 1820 – 2 September 1858), wat op 31 Oktober 1845 deur eerw. Daniel Lindley op Pietermaritzburg in die huwelik bevestig is. Aan vaderskant was hy ’n regstreekse afstammeling van ’n Britse Setlaarsfamilie wat hulle aanvanklik in die distrik Albanie gevestig en later na Grahamstad verhuis het. In 1845 het John se vader met die skip Rosebud na Natal gekom en hom op Pietermaritzburg gevestig, waar hy as sterk gelowige by die NG Kerk aangesluit en hier as diaken en ouderling gedien het. Sy moeder is in 1858 oorlede toe John vier jaar oud was. Sy vader se tweede huwelik was op 24 Augustus 1859 met Johanna Susanne van den Berg.
63270
Hillsborough-kasteel (Engels: Hillsborough Castle) is ’n amptelike regeringswoning in Noord-Ierland. Dit is die tuiste van die Britse staatsekretaris vir Noord-Ierland, en die amptelike woning van koningin Elizabeth II en ander lede van die koninklike familie wanneer hulle die land besoek. Dit is ook ’n gastehuis vir belangrike buitelandse besoekers. In 2003 het pres. George W. Bush van die Verenigde State daar gebly. Die kasteel word sedert 1 April 2014, net soos die Londense Tower, Hampton Court-paleis, Banqueting House, Kensington-paleis en Kew Palace (almal in Londen), deur Historic Royal Palaces (HRP) bestuur. HRP het 'n omvattende restourasieprojek begin om die herehuis en die omliggende tuin tot sy volle vorige glorie te herstel. Hillsborough-kasteel, wat net buite Belfast in Hillsborough in die graafskap Down geleë is, is nie ’n regte kasteel nie. Dit is ’n Georgiaanse herehuis wat in die 18de eeu vir die Hill-familie gebou is. Hulle het dit tot in 1925 besit en dit daarna vir £24 000 (die ekwivalent van £1,3 miljoen teen huidige pryse) aan die Britse regering verkoop.
47942
Pascal of PASCAL mag na die volgende verwys: Pascal (eenheid) (Pa), die SI-eenheid van druk (ekwivalent aan een newton per meter kwadraat) Pascal (programmeertaal), 'n rekenaarprogrammeertaal wat ontwikkel is deur Niklaus Wirth tussen 1968 en 1969 Blaise Pascal (1623 - 1662), 'n Franse wiskundige en filosoof
26032
Metamfetamien word vandag saam met heroïen en "crack"-kokaïen beskou as een van die mees verwoestende dwelmmiddels in omloop. Anders as kokaïen, wat die breinreseptore vinniger aantas en dus gouer verslawend is, word "kristalmet" geklassifiseer as 'n positiewe versterker wat die gebruiker elke keer wat dit gebruik word, gelukkiger en meer energiek laat voel. Wanneer gebruik van die middel gestaak word, ervaar die gebruiker 'n ernstige ineenstorting. Die "herbedrading" van die brein se beloningstelsel vestig 'n obsessiewe denkpatroon, wat dit moeilik maak vir 'n gebruiker om sonder professionele hulp dié dwelmgewoonte te staak. Die probleem is egter dat 'n tekort aan fondse gelei het tot 'n gebrek aan staatsgesubsidieerde rehabilitasieprogramme, terwyl die middel juis gewild is onder arm gemeenskappe waar daar groot werkloosheid heers. Dit kan in poeier- of kristalvorm voorkom en kan gerook, gesnuif, gedrink of ingespuit word. Wanneer dit binneaars ingespuit word, is die effek daarvan onmiddellik, terwyl die effek 'n minuut of wat duur om in te skop wanneer dit gerook word. Dit neem 'n paar minute langer wanner die dwelm gesnuif word.
94945
Die Republiek Winburg-Potchefstroom was 'n Boererepubliek wat van 9 April 1844 tot 3 Februarie 1848 bestaan het. Die republiek is deur Andries Hendrik Potgieter, die leier van die Voortrekkers, gestig. Die voormalige republieke van Winburg en Potchefstroom is saamgesmelt om die Republiek Winburg-Potchefstroom te vorm. Die republiek hou op om te bestaan nadat Winburg op 3 Februarie 1848 deur Harry Smith vir die Verenigde Koninkryk geannekseer en by die Oranjerivier-soewereiniteit ingelyf is. Potchefstroom word deel van die gebied wat in 1852 as die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) erken is.
302473
Bernard Greenhouse (3 Januarie 1916 – 13 Mei 2011) was 'n Amerikaanse tjellis een een van die stigterslede van die Beaux Arts Trio. Greenhouse is gebore in Newark, New Jersey. Hy het sy professionele studies onder Felix Salmond aan die Juilliard-skool begin toe hy agtien jaar oud was. Na vier jaar se studies onder Salmond het Greenhouse voortgegaan om onder Emanuel Feuermann en Diran Alexanian te studeer, en daarna een van die min langtermynstudente van Pablo Casals geword, onder wie hy vanaf 1946 tot 1948 studeer het. Nadat hy sy studies onder Casals voltooi het, het Greenhouse vir twaalf jaar lank 'n sololoopbaan gevolg. Hy het egter hiermee gesukkel, aangesien die tjello destyds nie 'n baie gewilde solo-instrument was nie. Gedurende hierdie tydperk het hy die violis Daniel Guilet ontmoet, wat Greenhouse in 1954 uitgenooi het om van Mozart se klaviertrios saam met die pianis Menahem Pressler te speel. Hulle het in 1955 in New York stad ontmoet, welke die eerste vergadering van die Beaux Arts Trio was. In 1958 het Greenhouse die Countess of Stanlein aangekoop, ook bekend as die Paganini Strad, wat een van 63 van Antonio Stradivari se tjellos is, en dit daarna gespeel.
225842
China Anne McClain (gebore 25 Augustus 1998) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Daddy's Little Girls (2007) en in die televisiereekse House of Payne (2006) en A.N.T. Farm (2011). 2007: Daddy's Little Girls 2015: Bilal: A New Breed of Hero 2017: Blood Brother 2006: House of Payne 2011: A.N.T. Farm 2014: Sing Your Face Off 2014: VeggieTales in the House 2015: Descendants: Wicked World 2018: Black Lightning 2018: K-Love Super stars 2009: Jack and Janet Save the Planet 2014: How to Build a Better Boy 2017: Descendants 2: It's Going Down 2017: Descendants Cast: Justine Magazine Exclusive China Anne McClain in die Internet-rolprentdatabasis China Anne McClain op Twitter China Anne McClain op Facebook China Anne McClain op Instagram
52631
Die Hindi Wikipedia is die Hindi uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die Wikipedia is in Julie 2003 begin. Dit het tans 152 440 artikels, en is die 57ste grootste Wikipedia. In Julie 2010 kondig Google aan dat hulle saam met die Hindi-wikipediane werk om Engelse artikels na Hindi te vertaal. Na slegs 3 maande is meer as 600 000 woorde met 'n kombinasie van Google Translate en handmatige kontrole vertaal. Hierdie gekoördineerde vertaling het tot 'n 20% groei gelei. 'n Voorbeeld van 'n Hindi-talige artikel oor Afrikaans: अफ्रीकांस भाषा. Translating wikipedia. Besoek op 27 Oktober 2010. Die tuisblad van die Hindi Wikipedia Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
114281
Jaco Botha (*17 September 1972, Vereeniging – †18 Oktober 2016, Knysna) was 'n Afrikaanse skrywer, digter, draaiboekskrywer en regisseur. Hy publiseer werke in verskeie genres, waaronder digkuns, kortverhale, romans en selfs kinderverhale. Hy is ook gedurende sy loopbaan aktief betrokke gewees in die T.V.- en filmbedryf. Christoffel Jacobus Botha is op 17 September 1972 in Vereeniging gebore. Sy eerste laerskool is Prinshof in Pretoria, ’n skool vir swaksiendes, aangesien hy gebore is met slegs 10% sig. Tydens sy Sub B-jaar trek sy ouers Worcester toe sodat hy daar by die Pionierskool vir Blindes kan skoolgaan, waar hy dan ook in 1991 matrikuleer. Terwyl hy nog op hoërskool is in 1990 en 1991 is hy betrokke by B&W Rekenaars op Worcester, waar hy help met verkope en herstel van rekenaartoerusting en ook privaatklasse gee in rekenaargebruik. Hy studeer vanaf 1992 verder aan die Universiteit van Stellenbosch, eers vir twee jaar vir ’n B.Sc.-graad met Wiskunde as hoofvak voordat hy oorskakel na tale en in 1996 die B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde as hoofvakke verwerf.
3894
Die jaar 38 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 38ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Artabanus II, koning van Partië.
57750
Dieprivier is 'n voorstad in Kaapstad, genoem na die Dieprivier wat deur die gebied vloei. Die voorstad grens aan Heathfield in die suide en aan Plumstead in die noorde. Dieprivier se spoorweghalte is op die hooflyn van Kaapstad na Simonstad geleë. Volgens die 2011-sensus het Dieprivier 'n bevolking van 2 515 gehad. Dieprivier (dubbelsinnig) Subplek Dieprivier Sensus 2011 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
232790
Gene Barry (14 Junie 1919 – 9 Desember 2009) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The War of the Worlds (1953), Forty Guns (1957), en War of the Worlds (2005), en in die televisiereeks Burke's Law (1963). 1952: The Atomic City 1953: The War of the Worlds 1953: The Girls of Pleasure Island 1953: Those Redheads from Seattle 1954: Alaska Seas 1954: Naked Alibi 1955: The Purple Mask 1955: Soldier of Fortune 1956: The Houston Story 1957: Forty Guns 1957: The 27th Day 1957: China Gate 1958: Hong Kong Confidential 1958: Thunder Road 1967: Maroc 7 1968: Subterfuge 1979: Guyana: Cult of the Damned 2005: War of the Worlds 1949: Believe It or Not 1957: The Walter Winchell File 1958: Bat Masterson 1959: The Revlon Revue 1959: Adventure Showcase 1963: Burke's Law 1968: The Name of the Game 1970: Kraft Music Hall Presents: The Des O'Connor Show 1972: The Adventurer 1987: Shell Game 1994: Burke's Law 1953: The Lonely Path 1961: An Old Fashioned Thanksgiving 1968: Prescription: Murder 1968: Istanbul Express 1971: Do You Take This Stranger? 1971: The Devil and Miss Sarah 1974: Danny La Rue: The Ladies I Love 1980: A Tribute to the Jukebox Award Winners 1981: The Adventures of Nellie Bly 1987: The Annual Friars Club Tribute Present a Salute to Liza Minnelli 2005: The Sky Is Falling: Making 'The War of the Worlds' 2005: Steven Spielberg and the Original 'War of the Worlds' Gene Barry in die Internet-rolprentdatabasis
57736
Lotusrivier is 'n township in Kaapstad. Volgens die 2011-sensus het Lotusrivier 'n bevolking van 38 143 gehad. Subplek Lotusrivier Sensus 2011 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
132052
David Easton (24 Junie 1917 – 19 Julie 2014) was 'n Kanadeesgebore Amerikaanse politieke wetenskaplike. Easton, wat in Toronto, Ontario gebore is, immigreer in 1943 na die Verenigde State. Van 1947-1997 was hy 'n professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Chicago. Easton was aan die voorpunt van beide die behavioristiese en post-behavioristiese revolusies in die politieke wetenskap dissipline gedurende die 1950's en 1970's. Hy het die dissipline se mees gebruikte definisie van politiek naamlik dat politiek die gesaghebbende toewysing van waardes in die samelewing is, geformuleer. Hy is ook bekend vir sy toepassing van die stelselteorie op die studie van die politieke wetenskap. Beleidsontleders het sy vyf-voudige skema gebruik om die beleidmakingsproses te bestudeer: naamlik insette, omskakeling, uitset, terugvoer en omgewing. John Gunnell argumenteer dat die konsep van "stelsel" sedert die 1950's die belangrikste teoretiese konsep was wat deur Amerikaanse politieke wetenskaplikes gebruik is. Die idee het in sosiologie en ander sosiale wetenskappe verskyn, maar dit was Easton wat gespesifiseer het hoe dit die beste toegepas kan word op gedragsnavorsing oor die politiek.
253932
Die beroemde reis van Pytheas van Massilia in omstreeks 325 v.C. het hom moontlik tot aan die rand van die Noordpoolgebied gebring. Hy het die antieke Thule, waarvan die ligging (Ysland, Noorweë of die Färöer-eilande) nie duidelik is nie, bereik. In die 8e eeu n.C. het Ierse monnike noordwaarts gereis en in omstreeks 725 die Färöer-eilande ontdek, en teen die einde van die 8e eeu ook Ysland. In 847 het die Noormanne Ysland beset. Die ryk visgebiede van die noordelike see en die moontlikhede wat die jag op robbe en pelsdiere ingehou het, het meegebring dat die Noormanne hul ontdekkingstogte na die noorde uitgebrei het. In 981 of 982 is die eerste nedersettings onder Erik Thorvaldson (Erik die Roaie) op Groenland gestig en dit het bestaan tot die 14e eeu, toe die klimaat aansienlik versleg het. Van omstreeks 1000 af het Leif Erikson reise van Groenland na die noordkus van Amerika onderneem en die Noormanne het ook die gebied noord van Skandinawië verken. Laasgenoemde het daartoe gelei dat Spitsbergen in 1194 ontdek is.
64908
Die Slag van Noord-Kaap het op 26 Desember 1943 in Noorweë plaasgevind toe die Duitse slagkruiser Scharnhorst gekelder is deur die Britse Vloot se HMS Duke of York. Dit was laaste seeslag van die Tweede Wêreldoorlog waar slagskepe regstreeks teen mekaar betrokke was. Dit was ook die eerste keer waar opsporingsradar 'n rol gespeel het in die uitslag van so 'n geveg. Die Scharnhorst het 'n basis in Altenfjord, Noorweë gehad vanwaar hy die arktiese konvooie tussen Engeland en Rusland aangeval het. Op 25 Desember het hy die hawe verlaat agter konvooi JW55B aan wat op pad was na Rusland. Die bevelvoerder van die skip was Skoutadmiraal Bey. Sy instruksies was eenvoudig om soveel moontlik skade te berokken en terug te val sodra enige Geallieerde skepe op die toneel verskyn. Bey het eers Altenfjord verlaat nadat hy met die Duitse Vlootbeheer gekommunikeer het, omrede die weer sleg was en daar onsekerheid was of hy moet voortgaan. Ses torpedojaers het hom vergesel. Ongelukkig vir Bey het Admiraal Sir Bruce Fraser, 200 seemyl weswaarts in die HMS Duke of York, sy kommunikasie onderskep. Fraser stuur onmiddellik in die rigting van Bey.
115553
Dirk Kamfer (*1 Junie 1917–†23 Augustus 1961, Somerset-Wes) was ’n Afrikaanse joernalis en skrywer. Dirk Johannes Louis Kamfer is op 1 Junie 1917 gebore as een van drie kinders en enigste seun van Jacobus Johannes Kamfer en Martha Wilhelmina Basson. Sy susters is Elizabeth Johanna en Susanna Maria. Hy word as plaasseun op Brandvlei in die Noordweste groot, waar hy na die plaasskool gaan vir sy laerskoolopleiding. Hy matrikuleer aan die Paarlse Gimnasium en studeer daarna verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die B.A.-graad, M.A.-graad en in 1941 die M.Ed.-graad behaal, almal met lof. Sy verhandeling vir sy M.Ed.-graad is Opvoeding en die staat: ’n kritiese beskouing. Die Webb-stipendium vir verdere oorsese studie word aan hom toegeken, maar weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog kan hy nie daarvan gebruik maak nie. Hy word dan onderwyser, onder meer op Oudtshoorn, waar hy ook aangewys word as kaptein van die Suidwestelike Distrikte se provinsiale rugbyspan. In 1947 sluit hy hom as omroeper by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aan en word later Afrikaanse programorganiseerder in Kaapstad.
33216
Ryk Neethling OIS (Bloemfontein, 17 November 1977) is 'n Suid-Afrikaanse swemmer. Hy het tydens die Olimpiese Somerspele 2004 in Athene saam met Roland Schoeman, Lyndon Ferns en Darian Townsend die goue medalje in die 4x100 meter vryslagaflos verower. Ryk Neetling se persoonlike webwerf Geargiveer 27 Junie 2005 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
76266
Mark Peter Gertruda Andreas van Bommel (gebore op 22 April 1977 in Maasbracht) is 'n voormalige Nederlandse sokkerspeler. Hy het vir die Nederlandse nasionale sokkerspan uitgedraf. "FIFA World Cup South Africa 2010 – List of Players" (PDF) (in Engels). Fédération Internationale de Football Association (FIFA). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 Junie 2013. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
85668
Sauropodomorpha (van die Griekse woorde vir "akkedispoot-vorms") is ’n uitgestorwe suborde of klade van plantvretende dinosourusse met lang nekke wat tot die orde Saurischia behoort. Dit sluit die souropodes en hul voorsate in. Souropodes het gewoonlik baie groot geword, het lang nekke en sterte gehad en was vierpotig; hulle was die grootste diere wat nog op aarde bestaan het. Die "prosouropodes", wat hulle voorafgegaan het, was kleiner en kon dikwels op twee pote loop. Die souropodomorfe was deur ’n groot deel van die Mesosoïkum-era die oorheersende plantvreters op land, van hul ontstaan in die Middel-Trias sowat 230 miljoen jaar gelede tot met hul uitwissing aan die einde van die Kryt-periode sowat 66 miljoen jaar gelede. Sauropoda vir meer oor souropodes
24325
Met ondernemingsvorm word bedoel die wyse waarop 'n onderneming beheer en bestuur, die kapitaal byeengebring, verantwoordelikheid vir risiko's aanvaar en winste verdeel word. Wat eiendomsreg en -beheer betref, is daar ses soorte ondernemings, naamlik eenmansake, vennootskappe, private maatskappye met beperkte aanspreeklikheid, beslote korporasies, publieke maatskappye met beperkte aanspreeklikheid en koöperatiewe verenigings en -maatskappye. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
120229
Knowledge Malusi Nkanyezi Gigaba (gebore 30 Augustus 1971 Eshowe) is 'n voormalige kabinetslid van Suid-Afrika. Hy was voorheen die Minister van Finansies, die jongste minister wat die amp beklee het. President Jacob Zuma het hom op 30 Maart 2017 as opvolger van Pravin Gordhan aangestel. Hy is op 26 Februarie 2018 deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Binnelandse Sake aangestel. Hy het 'n B-graad in Opvoedkunde en 'n meerstersgraad in die sosiale wetenskappe. Hy het 14 jaar lank in 'n regeringspos gedien. In 1990 het hy by die ANC-jeugliga aangesluit en ses jaar later het hy die liga se president geword, vir 8 jaar lank. Hy was 'n lid van die parlement en is in November 2010 deur president Zuma as Minister van Openbare Ondernemings aangestel. Hy probeer sonder sukses om die SAL te hervorm en in 2014 word hy die Minister van Binnelandse Sake. Sy aanstelling as Minister van Finansies is met wantroue deur die internasionale bankwêreld begroet. Die Suid-Afrikaanse rand het met 4% geval en S&P Global het Suid-Afrika se kredietgradering op 3 April 2017 van BBB- na BB+ verlaag, wat gewoonlik met rommelstatus aangedui word.
118909
Die p-blok is 'n deel van die periodieke tabel. Saam met die s-blok vorm dit die hoofgroepelemente. In hierdie blok raak die p-orbitale gevul en in die laaste kolom is die atoom se skil vol. Hierdie element word die edelgasse genoem. Van die elemente van die 7de periode se eienskappe is min bekend. Die blok bestaan uit die groepe 13 tot met 18 van die tabel. Die hoogste oksidasietoestand (of die getal valenselektrone) van die element kan gewoonlik gevind word deur 10 van die groepsnommer af te trek. Binne hierdie blok neem die elektronegatiwiteit in die diagonale rigting van tallium (links onder) na fluoor (regs bo) sterk toe. In die hoek regs bo is die elemente nie-metale, in die hoek links onder is dit metale. In die periodes n= 4, 5, 6, en 7 bevat die atoom se elektronewolk 'n volle (n-1)d10-subskil waarvan die energie laag genoeg is om as kernelektrone beskou te kan word. Die periodes n=6 en 7 het 'n volle (n-2)f14-subskil wat ook geen rol in die chemiese eienskappe speel nie.
11910
Adv. Johannes Gerhardus (Hans) Strijdom (plaas Sandvlakte, distrik Willowmore, Kaapkolonie, 14 Julie 1893 – Kaapstad, Suid-Afrika, 24 Augustus 1958) was Suid-Afrika se vyfde eerste minister en die derde premier wat behoort het tot die Nasionale Party ná genl. J.B.M. Hertzog (1924–'38) en dr. D.F. Malan (1948–'54). Hy was, ná genl. Louis Botha, premier van 1910 tot 1919, die tweede eerste minister wat in die amp oorlede is. Die derde en enigste ander was dr. Hendrik Verwoerd, Strijdom se opvolger. Sy tweede vrou, Susan, het in 1973 van hom gesê: "Daar was iets vreemd gedistingeerds in Hans Strijdom. Hy was in hart en siel 'n volksmens, maar uit die skares wat hom op die hande gedra het, het niemand hom ooit familiêr op die skouers geklop met 'n gemeensame "dag, ou Hans!" nie. Hy was vir almal wel Hans Strijdom, maar in 'n mistieke hoogagting, wat geen familiariteit geken het nie." Van al Suid-Afrika se premiers tussen 1910 en 1961 was die "Leeu van die Noorde" moontlik die vurigste republikein.
256519
Pieter Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur, en draaiboekskrywer. In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg. Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die doelwit om die rasseskeiding te oorbrug. Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter geniet en was 'n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr. Pieter Bosch Botha word op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van Arnold "At" Botha en Annalise Bosch, beide akteurs. Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel. Hy voltooi sy studies in 2003 in drama en teater aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama. Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.
75431
Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Pawlowitsj en die van is Romanof. Groothertog Dmitri Pawlowitsj van Rusland (Дмитрий Павлович Романов; 18 September 1891 – 5 Maart 1941) was ’n Russiese keiserlike erfgenaam. Hy is veral bekend vanweë sy betrokkenheid by die moord van die lekeprediker Grigori Raspoetin. Groothertog Dmitri Pawlowitsj is by Ilinskoje naby Moskou gebore as die seun van groothertog Pawel Aleksandrowitsj en kleinseun van tsaar Aleksander II van Rusland. Hy was dus ’n neef van die laaste tsaar, Nikolaas II. Sy ma, Alexandra Georgievna van Griekeland, was ’n dogter van koning George I van Griekeland en sy vrou, Olga Konstantinowna van Rusland. Hy was dus ook ’n neef van prins Philip, Hertog van Edinburg. Dmitri en sy suster, Maria is hoofsaaklik deur hul oom en tante groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland en groothertogin Elisabeth Fjodorowna grootgemaak. Elisabeth was die suster van tsarina Aleksandra. Dmitri se ma was sewe maande swanger met hom toe sy in ’n boot gespring het terwyl sy saam met vriende uit was en geval het. Sy het die volgende dag op ’n bal ineengestort met geboortepyne.
64002
Guus Hiddink (gebore op 8 November 1946 in Varsseveld) is 'n Nederlandse sokkerafrigter. Hy staan as een van die beste sokkerafrigters ter wêreld bekend. Hy het die Champions League in 1988 gewen met PSV Eindhoven en het met die Nederlandse, Suid-Koreaanse, Australiese en Russiese nasionale sokkerspanne baie suksesse tydens die Wêreldkampioenskappe en Europese kampioenskappe behaal. As speler het Guus Hiddink tussen 1967 en 1983 uitgedraf vir De Graafschap, PSV Eindhoven, weer by De Graafschap, Washington Diplomats, San Jose Earthquakes, NEC Nijmegen en weer by De Graafschap. As speler kon Hiddink net by De Graafschap die kampioenskap in die Tweede divisie in seisoen 1968/69 gewen het. By PSV het Guus Hiddink heelwat kampioenskappe gewen, maar ook deur met Suid-Korea die halfeindronde van die Wêreldkampioenskappe te bereik, het hom baie gewild gemaak. Die stadion in die Suid-Koreaanse dorp Gwangju, waar wedstryde ook tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gespeel is, is na hierdie WK na hom vernoem: Guus Hiddinkstadion. "Eredivisie statistics – Guus Hiddink". Voetbal International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2010. Besoek op 15 April 2009.
57329
Rykie van Reenen (1923 - 2003) was een van die grootste Afrikaanse joernaliste van die tweede helfte van die twintigste eeu. Rykie van der Byl van Reenen is op 31 Desember 1923 op die plaas Waterkloof in die distrik Darling aan die Weskus gebore. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal sy die B.A.-graad met Afrikaans, Engels en Latyn en ‘n M.A.-graad in Engels, almal met onderskeiding. In 1945 tree sy as joernalis in diens by Die Burger en word daar ‘n baanbreker vir die vrou (en veral die Afrikaanssprekende vrou) in die joernalistiek. Alhoewel sy aanvanklik haar beperk het tot vrouesake, het sy mettertyd politieke en sosiale kommentaar gelewer. Veral deur haar bydraes tot die rubriek Van Alle Kante (waar sy in die voetspore van C.J. Langenhoven gestaan het) het sy bekendheid verwerf. In 1965 aanvaar sy ‘n betrekking by die Johannesburgse Afrikaanse dagblad Beeld. Haar rubriek Randakker verskyn in Beeld en later in die Sondagblad Rapport. ‘n Keur uit haar rubrieke is in 1980 gepubliseer onder die titel Op die Randakker. Tydens die Jom Kippoer-oorlog in 1967 maak sy naam as oorlogskorrespondent.
17044
Sewsunker "Papwa" Sewgolum OIS (1930–1978) was 'n legendariese Suid-Afrikaanse gholfspeler wat bekendheid verwerf het toe hy die eerste swart gholfspeler is wat 'n provinsiale ope toernooi in Suid-Afrika gewen het. Hy het 'n simbool van sportboikotbewegings geword toe foto's waar hy die trofee buite in die reën moes ontvang, as gevolg van Apartheidwetgewing, van hom regoor die wêreld gepubliseer is. Sewgolum is as gevolg van sy ras nie toegelaat om die klubhuis binne te gaan nie. Sewgolum was die seun van arm plaaswerkers. Hy is met Suminthra getroud en hulle het 'n seun, Rajen, gehad. Sewgolum, is deur die Duitssprekende Graham Wulff van Howick "ontdek". Die welgestelde Wulff se rykdom was toe te skryf aan die uitvinding van 'n velsorgroom wat hy Oil of Olay gedoop het. Toe Wulf 'n swak hou speel, nadat Sewgolum hom as gholfjoggie geadviseer het oor watter gholfstok om te gebruik, daag Wulf hom uit om die hou beter te speel. Sewgolum se naderhou land binne 'n halwe meter van die putjie en Wulfe is so beïndruk dat hy hom in 1959 oorsee stuur om aan die Britse Ope te gaan deelneem.
13654
Die Kaapse bosbontrokkie, ook genoem die Kaapse vlieëvanger, (Batis capensis) is 'n standvoël wat endemies aan Suider-Afrika is. Die volwasse voëls van hierdie spesie is tussen 11 en 13 cm lank. Die mannetjie se kop en agterkop is donkergrys, terwyl sy mantel en kruis meer olyfkleurig-grys is. Die vlerkdekvere is rooibruin en vertoon as 'n rooibruin kol wanneer die vlerke gevou is. Die mannetjie is ook die enigste bosbontrokkie in Suider-Afrika waarvan die vlerke en sye geheel en al 'n rooibruin tint het. Die onderdekvlerke is wit en die stertvere swart met wit puntjies. Die sye van die Kaapse bosbontrokkie is swart, so ook sy oordekvere en streep, wat byna aan die agterkant van sy nek ontmoet. Mannetjies het ook 'n duidelike breë swart borsband. Die voëls se oë is geel-oranje, met 'n swart snawel en pote. Die wyfie lyk baie op die mannetjie, behalwe dat sy nie 'n swart borsband het nie, maar eerder 'n rooibruin een. Sy het ook 'n rooibruin vlek op haar ken, terwyl die mannetjie s'n wit is.
88984
Die Eland is 'n ligte pantserkar wat gebaseer is op die Panhard AML. Dit is ontwerp en gebou in  Suid-Afrika vir langafstandverkenning, en is toegerus met óf 'n 60 mm sluitstuklaaimortier of 'n Denel 90 mm tenkafweerkanon op 'n baie kompakte onderstel. Alhoewel slegs lig gepantser, maak die voertuig se permanente 4x4 aandrywing dit vinniger oor plat terrein as die meeste tenks. Die Eland was vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) ontwikkel in Suid-Afrika se eerste groot wapenprogram sedert die Tweede Wêreldoorlog, met prototipes wat in 1963 voltooi is. Teen 1991 is 1600 eksemplare gebou vir plaaslike gebruik asook uitvoer; prominente buitelandse gebruikers het ingesluit Marokko en Zimbabwe. Plaaslike opknapping is gedoen aan die hand van lesse geleer uit interne bedrywighede en het gelei tot 'n voertuig wat geskik was vir die ongenaakbare Suider-Afrikaanse omgewing asook die hoogsmobiele operasionele styl van die SAW. Die Eland was vir byna drie dekades lank die steunpilaar van die Suid-Afrikaanse Pantserkorps, hoewel SAW-amptenare reeds in 1968 hul vervanging of aanvulling bespreek het met iets meer geskik om tenkoorlogvoering teë te werk namate die vooruitsig op konvensionele militêre konflik in Suider-Afrika toenemend waarskynliker geword het.
12744
Inhaca (voorheen ook Inyack-eiland genoem) is 'n Mosambiekse nedersetting op 'n subtropiese eiland aan die Oos-Afrikaanse kuslyn. Die naam Inhaca verwys ook na die eiland waarop die nedersetting geleë is (Ilha Da Inhaca in Portugees). Die Inhaca-nedersetting sentreer om 'n sendingstasie en is geleë ongeveer 32 km oos van Maputo in die Maputoprovinsie van Mosambiek. Inhaca-eiland is geleë 26°S, 33°O, en skei Maputobaai (Baia de Maputo) aan die westekant, van die Indiese Oseaan na die ooste. Die eiland van 52 km² het 'n onreëlmatige kuslyn en word van die Machanguloskiereiland op die vasteland geskei deur 'n 500m-breë seestraat te Ponta Torres. Die skiereiland maak deel uit van die Lubombo Oorgrensbewaringsgebied. 'n Bevolking van 2 000 mense word onderhou op visvangs en landbou. Met laaggety oes die vroue krappe, oesters en vis van die westelike vlakwater. Met hooggety verlaat visserbote die eiland vir diepseevisvangs. Die eilanddimensies is ongeveer 12 km (Noord-Suid) by 7 km (Oos-Wes). Die hoogste punt bo seevlak is die 104m hoë Inhacaberg teen die noordoostelike kuslyn.
17508
Louw Wepener (21 Julie 1812 - 1865) was 'n kommandant in die Oranje-Vrystaat. Hy is dood in 1865 terwyl hy en 'n klompie burgers Koning Moshoeshoe van die Basoetos se bergvesting (in die huidige Lesotho) bestorm het. Moshweshwe se vesting het as Thaba Bosiu of Berg van die Nag bekend gestaan. Die Basoeto-oorloë het van 1858 tot 1865 plaasgevind en het plaasgevind nadat die Basoetos nedersettings in die Oranje-Vrystaat aangeval het nadat hulle voorheen deur die kommandos uitgedryf is uit die gebied. Wepener en sy burgers het teen 'n oormag geveg en Wepener is bekend vir sy heldhaftige optrede tydens die aanval op Thaba Bosiu. Wepener is vereer deurdat 'n dorp in die Suid-Vrystaat, Wepener, sowel as 'n Weermageenheid die Regiment Louw Wepener (sedertdien ontbind) na hom genoem is. Die dorp is twee jaar ná sy dood in 1867 gestig. Twee militêre dekorasies is ook na hom vernoem: die Louw Wepener-dekorasie (1952-1975) en die Louw Wepener-medalje (1967-1975), albei vir dapperheid.
72534
Lamivudien (chemies 2',3'-dideoksi-3'-tiasitidien, algemeen bekend as 3TC) behoort tot die klas teenretrovirale middels bekend as nukleosied trutranskriptase remmers (NRTIs), wat die ensiem trutranskriptase blokkeer, 'n ensiem wat onmisbaar is vir virusvoortplanting. Lamivudien word gebruik as deel van 'n hoogs-aktiewe antiretrovirale terapie (HAART) vir die behandeling van MIV tipe 1 of 2. Volwassenes behoort een 150 mg tablet tweekeer daagliks neem. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
59049
Douglas John Hopwood (1934 - ) was 'n Springbokrugbyspeler. Doug het reeds vir die Westelike Provinsie gespeel in 1957 as flank. Hy was ook deel van die Junior Springbok toer na Argentinië in 1959. Hy speel in sy eerste toets in 1960 teen Skotland en die laaste twee toetse teen die All Blacks. Hy is ook deel van die 1960/61 toer na die Britse Eilande. Hy speel ook teen die 1962 Britse Leeus, 1963 Wallabies en Wallis 1964. Hy was ook deel van die rampspoedige 1965 toer na Ierland en Skotland en sluit sy loopbaan af op die toer na Australasië. 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9 Doug Hopwood by www.genslin.us/bokke Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
116367
Aty Greshoff (1887–1987), vrou van die Nederlandse digter Jan Greshoff, het verskeie Afrikaanse werke onder die skuilnaam Aline van Alphen geskryf. Sy het per geleentheid ook die skuilnaam Nini Brunt gebruik. Agatha Christina Brunt is in 1887 gebore en werk as joernalis. Sy is op 14 Februarie 1917 getroud met die Nederlandse digter en literator Jan Greshoff en uit die huwelik word twee seuns, Kees en Jan, gebore. Sy is self ’n skrywer wat meestal verkies om onder skuilname te skryf. Tussen die twee wêreldoorloë is sy saam met haar man in die middel van die Nederlandse literêre kringe en is sy goed bevriend met die meeste van die vooraanstaande Nederlandse skrywers, soos Willem Kloos, E. du Perron, A. Roland Holst, J.C. Bloem en baie ander.  Na haar huwelik sit sy haar joernalistieke werk voort en behartig onder meer ’n weeklikse rubriek vir die Indonesiese koerant De Locomotief.  Met die spanning in Europa wat deurgaans oplaai voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, besluit die gesin in 1939 om Europa te verlaat en hulle emigreer na Suid-Afrika, waar hulle op 12 Julie 1939 in Kaapstad aan wal stap, waar hulle in Tamboerskloof woon.
106341
Etyn of asetileen met formule C2H2 is die eenvoudigste alkyn, 'n koolstofverbinding met 'n drievoudige C≡C binding. Dit is 'n gas wat met 'n baie warm vlam kan brand en daarom in branders gebruik word. Soos ander ongesubstitueerde alkyne het die eindstandige proton die eienskappe van 'n swak suur. Daar is selfs soute wat afgelei is wat hierdie suur, soos kalsiumkarbied CaC2 wat die karbiedioon C2−2 ([C≡C]2-) bevat. Kalsiumkarbied reageer met water en stel daarby etyn vry: C a C 2 + 2 H 2 O → C a ( O H ) 2 + C 2 H 2 {\displaystyle CaC_{2}+2H_{2}O\to Ca(OH)_{2}+C_{2}H_{2}} Asetileen is 'n kleurlose, ontvlambare gas wat uit kalsiumkarbied en water verkry word. 'n Kilogram karbied lewer sowat 300 liter asetileengas. Wanneer asetileen in suurstof brand, word 'n baie warm vlam met 'n temperatuur van 3 000° C verkry, wat deur die hardste staal kan sny.
92903
München Internasionale Lughawe (Duits: Flughafen München; IATA-kode: MUC, ICAO: EDDM) is die internasionale lughawe van München, die hoofstad van Beiere. Dit is die tweede besigste lughawe in Duitsland in terme van passasiersverkeer na die Lughawe Frankfurt, en die sewende besigste lughawe in Europa, met die hantering van 38,7 miljoen passasiers in 2013. Dit is die wêreld se 14de besigste lughawe in terme van internasionale passasiersverkeer, en was die 30ste besigste lughawe wêreldwyd in 2013. Münchenlughawe dien as die sekondêre sentrum vir Lufthansa insluitende Lufthansa-streeks en sy Star Alliance-vennote. Die grootste buitelandse karweier in München in terme van passasiersgetalle is Air Dolomiti. Die lughawe is 28,5 km (17,7 myl) noord van München geleë naby die ou stad van Freising en is genoem ter nagedagtenis aan die voormalige Beierse Eerste Minister Franz Josef Strauss. Dit beskik oor twee passasiersterminale en twee aanloopbane sowel as uitgebreide vrag- en onderhoudsfasiliteite, en is ten volle in staat om groot vliegtuie soos die Airbus A380 te hanteer.
117239
Die referendum oor die onafhanklikheid van Azerbeidjan het op 29 Desember 1991 plaasgevind, drie dae na die verbrokkeling van die Sowjetunie. 'n Meerderheid van 99,8% het ten gunste van onafhanklikheid gestem. Die referendum het 'n opkoms van 95,3% gehad. Dieter Nohlen, Florian Grotz & Christof Hartmann (2001) Elections in Asia: A data handbook, Volume I, p357 ISBN 0-19-924958-X
130060
Matilda Feliksowna Ksjessinskaja (Pools: Matylda Maria Krzesińska, Russies: Матильда Феликсовна Кшесинская; 31 Augustus [O.S. 19 Augustus] 1872 – 6 Desember 1971; ook van 1935 af bekend as Romanofskaja-Krasinskaja) was ’n Russiese ballerina uit ’n Poolse familie. Haar pa, Feliks Krzesiński, en broer het albei in Sint Petersburg gedans. Sy was ’n minnares van die toekomstige tsaar Nikolaas II van Rusland voor sy troue en later die vrou van sy neef, groothertog Andrei Wladimirowitsj. Sy was in die Weste bekend as Mathilde Kschessinska of Matilda Kshesinskaya. Ksjessinskaja is op Ligovo, naby Peterhof, gebore. Sy het in die Mariinskiteater van Sint Petersburg gedans. Sy het haar debuut in 1890 gemaak in ’n ballet wat deur keiser Alexander III en tsesarewitsj Nikolaas bygewoon is en het die keiserlike familie ontmoet. In 1896 het sy die rang prima ballerina van die Sint Petersburgse Keiserlike Teaters gekry. Die ou maestro Marius Petipa het nie daarmee saamgestem nie en het geglo sy het haar posisie net gekry danksy haar invloed met die keiserlike familie.
73662
Die Kristie (Polyamblyodon gibbosum) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika tussen Beira, Mosambiek en KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Cristie. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 MarineSpecies.org (en) http://fishbase.org/summary/Polyamblyodon-gibbosum.html http://eol.org/pages/223701/overview[dooie skakel] Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
117708
Die Luiperd-klipspringer (Exallias brevis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Leopard blenny. Die vis word tot 14 cm lank. Die vis het 'n diep lyf met 'n gebuigde rug. Die lyf is lig van kleur en bedek met digte, donker, rooibruin kolletjies wat die vis 'n netagtige voorkoms gee. Die wyfies is minder kleurvol as die mannetjies. Die visse leef in tropiese strandmere, rots kus gebiede en aflandige koraalriwwe waar die koraal dig is in water van 1 tot 20 m. Die vis leef op die blare van die korale wat hulle namaak as deel van kamoeflering. Gedurende broeityd lig die vis sy dorsale vin. Hulle is alleenlopend of kom in klein groepies voor en vreet alge en koraal poliepe. Die mannetjies is territoriaal van aard en berei 'n nes vir die wyfies voor om haar eiers te lê. Dit word deur die mannetjie opgepas.
306536
Transpirasie is die proses van waterbeweging deur 'n plant en verdamping deur lugdele, soos blare, stingels en blomme. Water is nodig vir plante, maar slegs 'n klein hoeveelheid water wat deur die wortels opgeneem word, word gebruik vir groei en metabolisme. Die oorblywende 97–99,5% gaan verlore deur transpirasie en afvoer. Blaaroppervlaktes is gestippel met porieë wat stomata genoem word (enkelvoud "stoma"), en by die meeste plante is hulle meer aan die onderkant van die blare. Die stomata word begrens deur beskermingselle en hul stomale bykomstige selle (saam bekend as stomatale kompleks) wat die porie oopmaak en toemaak. Transpirasie vind plaas deur die maagopenings, en kan beskou word as 'n noodsaaklike 'koste' verbonde aan die opening van die stomata om die diffusie van koolstofdioksiedgas uit die lug vir fotosintese moontlik te maak. Transpirasie verkoel ook plante, verander die osmotiese druk van die selle en maak massa vloei van minerale voedingstowwe en water van wortels na lote moontlik. Twee belangrike faktore beïnvloed die snelheid van die watervloei vanaf die grond na die wortels: die hidrouliese geleidingsvermoë van die grond en die grootte van die drukgradiënt deur die grond.
120615
Die Britse Ope is die belangrikste Britse gholftoernooi. Dit word elke jaar in ’n ander deel van Brittanje gehou. Die "Ope" in die naam beteken dat beide amateur- en beroepspelers mag deelneem. Die Britse Ope is die oudste van die vier groot gholfkampioenskappe vir mans. Die geleentheid word jaarliks deur The R&A geadministreer en by een van verskeie gesogte gholfklubs in die Verenigde Koninkryk aangebied. Dit word tans in die middel van Julie gespeel, ná die VSA Ope, maar voor die PGA-kampioenskap (as die 3de van die 4 Grand Slam-gholftoernooie). Die toernooi is vir die eerste keer op 17 Oktober 1860 op die Prestwick-gholfbaan in Skotland aangebied. Die eerste elf wedstryde het op hierdie baan plaasgevind. Ná 'n jaar sonder 'n toernooi is dit in 1872 op 'n rotasiebasis tussen verskillende bane in Skotland heringestel. In 1894 is die toernooi vir die eerste keer buite Skotland, by die Royal St George's naby Sandwich in Kent, aangebied. In 1892 is die toernooi na 72 putjies uitgebrei. In daardie jaar moes toeskouers vir die eerste keer toegangsgeld betaal.
139751
Stikstof-14 (chemiese notasie (147N) is 'n stabiele isotoop van die element stikstof. Dit is die volopste isotoop. Dit is een van min isotope wat se kern 'n onewe aantal protone en 'n onewe aantal neutrone bevat. Stikstof-14 kan gebruik word vir kernspinresonansie, maar omdat dit 'n kernspin 1 het kan dit ook vir kernkwadrupoolresonansie (NQR) gebruik word. Die kern se kwadrupool maak dit egter moeilik om te bestudeer, omdat die lyne baie breed kan wees. Kwadrupoolverbreding van die resonansielyne kan egter ekstra inligtings verskaf oor die omgewing van die atoom. Die gevoeligheid van die kern is laag. Dit is slegs 0,00101 relatief ten opsigte van die proton (=1). Stikstof-14 word tydens die hidrostatiese waterstofverbranding binne sterre gevorm, terwyl die ander stabiele stikstofisotoop stikstof-15 tydens ontploffende waterstof- en heliumverbranding gevorm word. In die interstellêre ruimte is die isotoopverhouding nie homogeen nie en die verskil in sintese verklaar ook waarom 147N 99,6% van die element op aarde verteenwoordig. Die isotoopverhouding kan nogtans in meteoriete baie wissel.
69269
Die Rivier-dikkop (Glossogobius callidus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Mosambiek tot by Swartvlei in die Wes-Kaap. Die kop is ietwat plat met 'n lang snoet en 'n gepunte stertvin. Die vis deurskynend bruin kleurig met swart x-merke op die sye. Daar is ook 'n swart kol op die agterste membraan van die eerste dorsale vin. Die vis word tot 120 mm lank. Die vis leef in poele op die bodem tussen rotse of plantegroei. Hulle vreet insekte en ongewerweldes en broei in die somer. Hulle eiers is ovaalvormig. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1 Gill T. N. 1859. Beskrywing van 'n nuwe generiese vorm van Gobinae vanuit die Amazonasrivier. Ann. Lyc. Nat. Hist. N. Y. v. 7 (núms. 1-3). 45-48. BioLib (en) http://fishbase.org/summary/Glossogobius-callidus.html Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
99197
Osborne House is ’n voormalige koninklike woning in East Cowes op Wight-eiland, Verenigde Koninkryk. Die huis is tussen 1845 en 1851 vir koningin Victoria en prins Albert gebou as ’n somerhuis op die platteland. Prins Albert het self die huis ontwerp in die styl van ’n Italiaanse Renaissance-palazzo. Die bouer was Thomas Cubitt, die Londense argitek wat ook die hooffasade van Buckingham-paleis in 1847 vir die egpaar gebou het. ’n Vroeëre, kleiner huis is gesloop vir die bou van die nuwe huis. Koningin Victoria is in Januarie 1901 in Osborne House oorlede. Daarna is die huis aan die staat gegee, behalwe ’n paar kamers wat gedien het as ’n privaat koninklike museum wat aan koningin Victoria gewy is. Van 1903 tot 1921 is die huis gebruik as ’n opleidingskollege vir junior offisiere van die Britse Vloot. Dit is vandag heeltemal oop vir die publiek. Koningin Victoria en prins Albert het die oorspronklike Osborne House in Oktober 1845 gekoop as ’n plek om weg te kom van die stres van die hoflewe. Dit was egter gou te klein vir hul persoonlike behoeftes en hulle het besluit om ’n nuwe huis te laat bou.
315739
Die Klein Donker Vlek, soms genoem Donker Vlek 2 of Die Towenaar se oog, was ’n werwelstorm op Neptunus. Dit was die tweede grootste storm in Neptunus se suidelike halfrond in 1989, toe Voyager 2 verby die planeet gevlieg het. Toe die Hubble-ruimteteleskoop in 1994 op Neptunus gerig is, het die vlek verdwyn. Die Klein Donker Vlek, Bromponie (’n vinnig bewegende wit wolk) en Groot Donker Vlek is in 1989 deur Voyager 2 ontdek. Die Klein Donker Vlek het in die suidelike halfrond oos om Neptunus beweeg met ’n periode van 16,1 uur. Terwyl die Groot Donker Vlek die vinnigste winde gehad het wat nog in die Sonnestelsel aangeteken is, is die Klein Donker Vlek se windsnelhede nie gemeet nie. Die klein vlek het ook, anders as die groot vlek, nie meegaande wit wolke gehad nie. Toe Nasa Neptunus in 1994 deur Hubble bestudeer, was albei vlekke weg. Die bynaam "Towenaar se Oog" kom van die treffende, oogagtige voorkoms van die vlek. Die Klein Donker Vlek was kleiner as die groot vlek en het verder suid om die planeet gedraai met ’n periode van twee uur korter.
26281
Die woord "Zoeloe" beteken letterlik "lug", maar vandag woon die amaZulu in KwaZulu-Natal, waar die Vallei van 'n Duisend Heuwels geleë is. Historici en mondelingse geskiedenis voer die oorsprong van die Zoeloe-volk terug na ongeveer 1670 en 'n ou man genaamd Malandela en sy vrou, Nozinja, wat twee seuns gehad het, Qwabe en Zoeloe. Die Zoeloe-geskiedenis begin toe Qwabe jaloers geword het op sy broer en sy sluipmoord beplan het. Sy moeder het egter tot Zoeloe se redding gekom deur hom weg te neem. Min is bekend oor Zoeloe se lewe, of oor die heerskappy van sy opvolgers, Punga, Mageba, Ndaba en Jama, maar in 1787 het hoofman Senzangakona se vrou, Nandi, geboorte geskenk aan 'n merkwaardige seun – Shaka. Ná Senzangakona se dood in 1816, het die Zoeloe-volk trou gesweer aan koning Dingiswayo van die Mthethwa. Sy militêre leierskap en sterk dissipline het Shaka beïnvloed in sy opleiding as soldaat en leier. Shaka se meteoriese opgang het gedurende hierdie periode plaasgevind, waartydens hy die breëlem-assegaai en die ovale gevegskild ingevoer het.
367933
Die Berigt word vir die eerste keer in 1916 gepubliseer in die tweede deel van E.C. Godée Molbergen se Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandse tyd, wat volg net ná Baron van Plettenberg se eie reisbeskrywing. In 1935 word die teks weer uitgegee as Deel XV van die publikasies deur die Van Riebeeck-Vereniging, voorsien met 'n inleiding van E.E. Mossop en taalkundige kommentaar deur J.L.M. Franken. Die twee uittreksels uit die Berigt wat in die boek as voorbeelde geplaas is, word voorafgegaan deur 'n waardering. Volgens Edith H. Raidt staan die geskrewe taal van Wikar nader aan die Afrikaanse spreektaal van die 18de eeu as die Hollandse skryftaal. Al het Wikar gepoog om met sorg sy beste Nederlands te skrywe, was sy beste nie goed genoeg nie. Die Stellenbosse landdros Oloff de Wet het die teks hersien. Daardie hersiening in amptelike Nederlands beskou Raidt as waardeloos; dit is eerder Wikar se onnederlandse vorme waar, by tye, dit selfs op hedendaagse Afrikaans lyk. Nietemin moet die leser onthou dat Nederlands 'n swaar indruk op Wikar se skrywe sou laat, veral omdat hy moontlik sou probeer het om vorme uit sy eie spreektaal te vermy.
374547
Romulea monophylla is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Romulea behoort. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Sederberge voor. Hierdie spesie is eers in 2014 gëidentifiseer. http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77144437-1 https://core.ac.uk/reader/81942290
63369
Ds. Andreas Adriaan (Andries) Louw (Paarl, 30 Mei 1827 - Paarl, 24 Junie 1908) was 'n invloedryke leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die vader van ds. Andries Adriaan Louw sr. en grootvader van dr. Andries Adriaan Louw jr. Hy was van 1848 tot 1867 die eerste leraar van die eerste gemeente in die Oranje-Vrystaat, NG gemeente Fauresmith en praeses van die stigtingsvergadering van die Sinode van die Vrystaat in 1864. Van 1867 tot 1882 was hy leraar van die NG gemeente Murraysburg in die Karoo en van 1882 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1897 van die Toringkerk in die Paarl. In sy eerste gemeente hy sowat 19 jaar gestaan, in die tweede 15 jaar en ook in die derde. Uit sy huwelik met Jemima Murray, 'n dogter van ds. Andrew Murray sr., is nog drie bekende leraars gebore, Andries Adriaan Louw sr., Abraham Faure Louw en James Murray Louw.
79567
Die NG gemeente Fraserburg is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, hoewel die dorp Fraserburg binne die provinsie Noord-Kaap val. In die ou Kaapse Kerk, voor die verdeling van dié Sinode in drie, was Fraserburg met sy stigting op 24 Februarie 1851 die 38ste oudste gemeente. Dit is dus 'n jaar of wat jonger as Humansdorp, Namakwaland en Ladismith (al drie 1850), maar ouer as Knysna (ook 1851), Hopefield, Middelburg, Aliwal-Noord en Robertson (almal 1852). Tussen die jare 1780 en 1830 is die Wes-Nuweveld-gedeelte van die Karoo net so mak gemaak deur trekkers soos ander grensgebiede van daardie tyd. Ná die verdrywing van die Boesmans is die streek stap vir stap geannekseer. Van behoorlike godsdienstige bearbeiding van lede van die Kerk was daar in die dae om en by die stigting van die gemeente van Fraserburg nie sprake nie. Die intrekkers het uit verskillende rigtings die gebied begin bewoon. Sommige is aangeneem op Tulbagh, ander op Worcester, nog ander op Graaff-Reinet.
86704
Wit Suid-Afrikaners verwys na die wit etniese groepe van Suid-Afrika, waaronder die Afrikaners en Anglo-Afrikane die beduidendste is. Die meerderheid wit Suid-Afrikaners se huistaal is Afrikaans (61%) en daarna Engels (33%). Suid-Afrikaanse etniese groepe en kulture "Mid-year population estimates 2015" (PDF) (in Engels). Statistics South Africa. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2018. Besoek op 31 Maart 2016. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wit Suid-Afrikaners. (en) 2001 Digitala Sensus Atlas Geargiveer 12 Desember 2005 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
63238
Prof. dr. Gustav Bernhard Augustus Gerdener (Wupperthal, 31 Maart 1881 – Stellenbosch, 15 Augustus 1967) was ’n Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer. Hy was ook die vader van die kleurryke politikus, skrywer en administrateur van Natal Theo Gerdener. Die Afrikaanse skrywer en medestigter van die uitgewer Human & Rousseau Leon Rousseau was sy suster Elisabeth Anna Luise se seun. Sy was getroud met Pierre Rousseau, 'n seun van ds. P.D. Rossouw, 'n predikant en vroeë Afrikaanse letterkundige wat 1896 oorlede is terwyl hy leraar was van die NG gemeente Fraserburg. Gerdener was die seun van ’n Rynse sendeling, eerw. J. Gerdener, wat in Suid-Afrika kom arbei het. Hy het in 1873 in Suid-Afrika aangekom uit Burgsteinfurt in Duitsland. Sy moeder was 'n dogter van eerw. Christoph Wilhelm Alheit (eweneens 'n sendeling van die Rynse Sendinggenootskap), 'n kleindogter van ds. M.C. Vos en die suster van ds. Wilhelm Adolph Alheit. Gerdener was dus ’n agterkleinseun van ds. M.C. Vos van Tulbagh.
273387
Veldmaarskalk Thanom Kittikachorn (Thai: ถนอม กิตติขจร, Thai uitspraak: [tʰà.nɔ̌ːm kìt.tì.kʰa.t͡ɕɔ̌ːn]; 11 Augustus 1911 - 16 Junie 2004) was 'n militêre diktator van Thailand. Thanom, 'n gedugte anti-kommunis, het 'n dekade van militêre bewind in Thailand van 1963 tot 1973 gehou, waartydens hy 'n self-staatsgreep opgevoer het, totdat openbare betogings wat tot geweld gelei het, hom gedwing het om af te tree. Sy terugkeer uit ballingskap in 1976 het betogings veroorsaak wat gelei het tot 'n slagting van betogers, gevolg deur 'n militêre staatsgreep. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thanom Kittikachorn. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
2865
Die jaar 772 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 8ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Karel die Grote begin sy lang stryd teen die Saksers. Karel, die koning van die Franke beveel die vernietiging van die Irminsul die heiligdom van die heidense Sakse. 9 Februarie – Pous Adrianus I volg Pous Stefanus III op. 24 Januarie – Pous Stefanus III, die 94ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±720). Charlemagne: The Life and Times of an Early Medieval Emperor Tehmina Bhote The Rosen Publishing Group, 2005, ISBN 1-4042-0161-0, ISBN 978-1-4042-0161-3
84529
Die Airbus A320-familie bestaan uit kort- tot mediumreeks smalromp, kommersiële passasiersvliegtuie vervaardig deur Airbus. Die familie sluit die A318, A319, A320 en A321, asook die ACP besigheidstraler in. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van die A320neo. Finale montering van die vliegtuigfamilie word in Toulouse, Frankryk en Hamburg, Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin, China ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Chinese mark. In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama. Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model. Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur met sy nooiensvlug op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit.
290524
Eduard William Bok (gebore Eduard Willem Gerard Cesar Hidde Bok) (9 Oktober 1863 – 9 Januarie 1930) was 'n Nederlands-gebore Amerikaanse redakteur en bekroonde skrywer. Hy het 'n Pulitzerprys gewen vir sy skryfwerk. Hy was dertig jaar lank redakteur van die Ladies' Home Journal (1889-1919). Hy het ook Bok Tower Gardens in die middel van Florida, V.S.A. opgerig. Bok is in Den Helder, Nederland gebore. Op die ouderdom van ses het hy na Brooklyn, New York geïmmigreer. In Brooklyn het hy na skoolure die vensters van 'n bakkery gewas om sy gesin te help. Sy mense was so arm dat hy boonop elke dag met 'n mandjie in die straat uitgaan en stukkies steenkool versamel wat in die geut geval het, waar die steenkoolwaens brandstof gelewer het. In 1896 trou Bok met Mary Louise Curtis Bok Zimbalist, die dogter van Louisa en Cyrus Curtis. In 1882 begin Bok werk by Henry Holt and Company. In 1884 raak hy betrokke by Charles Scribner's Sons, waar hy uiteindelik die resensiebestuurder word. Van 1884 tot 1887 was Bok die redakteur van The Brooklyn Magazine, en in 1886 stig hy die Bok Syndicate Press.
75182
Die Amerikaanse Gewapende Magte (Engels: United States Armed Forces) is die gewapende magte (of weermag) van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit die Amerikaanse Leër, Amerikaanse Vloot, Amerikaanse Marinierskorps, Amerikaanse Lugmag, Amerikaanse Ruimtemag en die Amerikaanse Kuswag. Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. Die President is die weermag se opperhoof, en help om militêre beleid te vorm saam met die Verenigde State se Departement van Verdediging (DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militêre magte, nét na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake. Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van die buitelandse beleid van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China, die tweede grootste militêre mag (personeelgewys) in die wêreld.
220900
Hadley Delany is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse One Life to Live (1968), Law & Order: Special Victims Unit (1999), en Louie (2010). 1968: One Life to Live 1999: Law & Order: Special Victims Unit 2010: Louie 2018: Art Less Hadley Delany in die Internet-rolprentdatabasis
41957
Nicolaas Christiaan Havenga, oftewel N.C. (Klasie) Havenga, (* plaas Blesbok naby Fauresmith, 1 Mei 1882 – † Kaapstad, 14 Maart 1957) was 'n Suid-Afrikaanse boer, staatsman en finansier. Hy was minister van finansies onder Eerste Ministers J. B. M. Hertzog (1929-1934) en D. F. Malan (1948-1954). Nicolaas Havenga stam uit 'n stoere Afrikanerfamilie. Hy was die oudste seun van Christiaan Adriaan en Aletta Gertruida Havenga (gebore Engelbrecht), kry sy skoolopleiding op Koffiefontein en aan Grey-kollege in Bloemfontein. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog gaan hy op 17-jarige ouderdom op kommando en neem deel aan die vroeë veldslae by Belmont, Graspan, Modderrivier en Magersfontein. Nadat hy privaat sekretaris van genl. J.B.M. Hertzog geword het, bring hy die res van die oorlog saam met hom deur. Hy is die derde keer gewond naby Kafferskop, distrik Lindley, op 8 Maart 1902 en bly in die hospitaal tot die einde van die oorlog. Van hom het Winston Churchill gesê: "Daardie man het meer Britse lood in sy liggaam as enigiemand anders wat ek ken.
25241
Theodore William Schultz (30 April 1902 – 26 Februarie 1998) was die gesamentlike wenner van die Nobelprys (saam met William Lewis, 1979) in ekonomie "vir hul baanbrekende navorsing oor ekonomiese ontwikkelingsnavorsing met besondere aandag aan die probleme van ontwikkelende lande". Hy is in Arlington, Suid-Dakota, Verenigde State van Amerika, gebore en het in 1921 by die South Dakota State College geregistreer vir 'n graad in landbou. Ná hy in 1927 gegradueer het, het hy 'n doktorsgraad in ekonomie by die University of Wisconsin-Madison verwerf (1930). Schultz het die Nobelprys verwerf vir sy bydraes in ontwikkelende ekonomie, met die fokus op landbou-ekonomie. Hy het die rol van landbou in die ekonomie bestudeer en sy werk het industriële beleid wêreldwyd beïnvloed. Schultz se navorsing rakende die tempo waarteen nasies na die Tweede Wêreldoorlog se verwoesting herstel het, was deurslaggewend. Hy het waargeneem dat Japan en Duitsland baie vinniger as Groot-Brittanje herstel het. Hy het die gevolgtrekking gemaak dat 'n land se vermoë om te herstel direk afhanklik is van die gesondheid en vlak van opvoeding van die bevolking.
115929
Abraham Phillips (gebore 20 Mei 1945) is ’n Afrikaanse skrywer van Worcester, wat veral die wêreld van die bruin mense in sy romans belig. Abraham Nicolas Ronald Phillips is op 20 Mei 1945 in ’n tweevertrekhuis in Potestraat op Worcester gebore as die vierde van elf kinders (vyf seuns en ses dogters) van Pieter Moses Phillips en Rosina Phillips (wat op 13 Mei 2007 oorlede is). In 1956 word die gesin verskuif na die Witblokke woonbuurt aan die westekant van Worcester. Sy vader doen verskeie werke en in 1956 en 1957 werk hy by Kuun’s, die fietswinkel. Sy moeder is ongeletterd en is slegs Afrikaans magtig. In 1958 word sy pa getref deur ’n oorerflike lamsiekte, waarvan verskeie ander familielede slagoffers is, waaronder sy ouma, twee van sy pa se broers, drie van sy eie broers en drie van sy susters. Sy oudste en jongste suster is dus vroeg oorlede. As gevolg hiervan moet Abraham in die middel van sy standerd vier jaar permanent die skool verlaat en noodgedwonge gaan werk om verantwoordelikheid vir die huishouding oor te neem.
261399
Quindio is 'n departement van Colombia. Die hoofstad is Armenia. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
1808
Die jaar 1451 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 51ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 7 Januarie – Met 'n bul van pous Nicolaas V word die Universiteit van Glasgow in die lewe geroep. 16 Junie – Pietro Barbo (later Pous Paulus II) word as kardinaal-priester van San Marco in Rome aangestel deur Pous Nicolaas V. Onbekend – Bartolomeus Dias, 'n Portugese ontdekkingsreisiger († 1500). Onbekend – Christophorus Columbus 'n Italiaanse ontdekkingsreisiger († 1506) 7 Januarie – Amadeus VIII, hertog van Savoje ook Teenpous Felix V. (*1383) 3 Februarie – Murat II, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1404).
69979
Messier 92 of M92 (ook bekend as NGC 6341) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 26 700 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Hercules. Dit is in 1777 deur Johann Elert Bode ontdek en twee jaar later in die Berliner Astronomisches Jahrbuch gepubliseer. Charles Messier het die bolswerm in 1781 onafhanklik ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M92 is een van die helderste bolswerms aan die noordelike hemelruim, maar word dikwels deur amateur-sterrekykers misgekyk vanweë sy nabyheid aan die selfs skouspelagtiger Messier 13. Dit is in goeie sigtoestande met die blote oog sigbaar. Van die bolswerms in die Melkweg is M92 een van die helderstes wat betref absolute magnitude. Dit is ook een van die oudstes – sowat 14,2 ± 1,2 miljard jaar, rofweg so oud soos die heelal. Dit lyk effens plat, met die kortas wat sowat 89% ± 3% so lank soos die hoofas is. Nes die meeste ander bolswerms het M92 baie min elemente benewens waterstof en helium, dus elemente wat sterrekundiges metale noem.
13496
Die geelbekeend (Anas undulata) is 'n algemene standvoël in Suidelike-Afrika. Die eende is grys met 'n donkerder kop en 'n heldergeel snawel. Die snawel het 'n swart kol in die middel. Die vlerke is witterig aan die onderkant, en van bo gesien vertoon wit-begrensde groen hoofvere. Hierdie eend verkies vars water in redelik oop gebied. Hulle broei op die grond in digte plantegroei naby water. 'n Broeisel bestaan normaalweg uit ses tot twaalf eiers. Die geelbekeend is 'n plantvreter en 'n dageend, d.w.s. hy is bedags aktief. Hulle is baie volop en vorm soms groot swerms wat wydverspreid is in Suid-Afrika en Oos-Afrika. Die manlike eend uiter 'n fluitgeluid en die vroulike eend 'n kwêk-geluid. A. u. rueppelli A. u. undulata Engelse naam: Yellow-billed Duck Wetenskaplike naam: Anas undulata Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899,  ISBN 0 7981 0836 3 Hierdie artikel is ’n saadjie.
47078
Welwillendheidsdag of Tweede kersdag val jaarliks op 26 Desember en is die feesdag net na kersdag wat op 25 Desember gedenk word. Nes Gesinsdag (Paasfees) en Pinkstermaandag vorm Welwillendheidsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste. Die Kersfees het vanaf die 8ste eeu in die Liturgiese jaar 'n oktaaf, dit wil sê 'n vastyd van agt dae, waarvan die gedenkdae van heiliges nie geraak is nie. Voor die Protestantse Hervorming was daar in enkele Duitse lande tot vyf Kersdae, afhangende van die regerende vors se wetgewing. Die dag word in die meeste Europese lande, waaronder Bulgarye, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Griekeland, Hongarye, Ierland, Italië, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Roemenië, Swede, Slowakye, Tsjeggië, Ysland, en lande van die Britse Statebond, as 'n openbare vakansiedag waargeneem. In die Verenigde State en ander lande is die dag egter nie 'n vakansiedag nie. In Spanje is dit net in die outonome geweste van die Baleariese Eilande en Katalonië 'n openbare vakansiedag, asook in die Duitstalige Gemeenskap van België en die Duitstalige gebiede van Switserland.
58358
Die Weskuskreef (Jasus lalandii) kom slegs aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika voor. Dit staan ook bekend as die Kaapse Kreef. Sy kleur is oranje tot bruin en hy word 30 cm lank. Dit is 'n gesogte dis en kreefduik word streng gereguleer. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0 A. Cockcroft, M. Butler, A. MacDiarmid & R. Wahle (2009). "Jasus lalandii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 3.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 22 Augustus 2011.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link) AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
49597
Meiringspoort is ’n bergpas wat Oudtshoorn in die Klein Karoo met Beaufort-Wes in die Groot Karoo verbind. Dié deel van die N12 nasionale pad tussen De Rust en Klaarstroom is 16 km lank en gaan op 680 m bo seespieël deur ’n natuurlike kloof in die Swartberge. Hierdie poort is bekend vir sy besondere voue in die Tafelbergsandsteen op beide hellings. Vir boere noord van die Swartberge was dit moeilik om hul wolbale en ander produkte per ossewa na die Kaapse hawe vir uitvoer na Europa te vervoer. Mosselbaai se hawe was baie nader, maar ’n oorgang vir ossewaens oor die Swartberge het ontbreek. Die bewoners van die George-omgewing en die Klein Karoo wou graag hul patats, aartappels, inheemse hout en meubels aan die boere noord van die Swartberge verhandel vir vee. In Augustus 1854 het John Molteno, ’n lid van die Kaapkolonie se Wetgewende Vergadering, en die beroemde pasbouer Andrew Geddes Bain ’n ondersoek ter plaatse gelei. Inwoners het die saak as dringend beskou, ’n vergadering op George gehou en ’n komitee saamgestel om aandag aan ’n kortpad na ’n hawe te gee.
70009
Messier 99 of M99 (ook bekend as NGC 4254) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 50,2 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met die Messier-voorwerpe M98 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Messier 99 was een van die eerste sterrestelsels waarin ’n spiraalpatroon gesien is – in 1846 deur lord Rosse. Die sterrestelsel het ’n normale spiraalarm en ’n losser, uitgerekte arm. ’n Brug van neutrale waterstofgas verbind M99 met VirgoHI21, ’n moontlike donker sterrestelsel, en laasgenoemde se swaartekrag het M99 moontlik vervorm en die gasbrug uitgerek. Drie supernovas is al in M99 waargeneem. K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2de uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5. SEDS: Messier 99 UniverseToday: Donkergalaktika? PPARC: New evidence for a Dark Matter Galaxy Geargiveer 10 Maart 2007 op Wayback Machine Messier 99 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 99.
27298
Professor Elize Botha (1930–2007, née Elizabeth Lindes) was 'n gerespekteerde Suid-Afrikaanse akademikus en literêre kritikus. Sy was onder meer hoofbestuurslid van die Afrikaanse Skrywerskring en redakteur van die Afrikaanse Tydskrif vir letterkunde. In 1982 is die Gustav Preller-medalje vir Literatuurwetenskap en Kritiek (die eerste keer aan ’n vrou) aan haar toegeken, en in 1989 ontvang sy die Orde vir Voortreflike Diens (silwer). Sy was die eerste vrou in die direksie van die mediareus Naspers (1988), die eerste vrouekanselier van die Universiteit Stellenbosch (1998) en die eerste vrouevoorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1989). In 2001 ontvang sy die ATKV se Prestigetoekenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse prosa, prosateorie en vir haar rol in die bewaring en instandhouding van die Afrikaanse kultuurskat. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het haar in 2004 'n erelid gemaak. Die Afrikaanse skrywer en akademikus Marlene van Niekerk het haar die "Die Elwekoningin van die Afrikaanse Letterkunde" genoem. Elizabeth Lindes is op 19 November 1930 in Krugersdorp as die jongste van twee kinders gebore.
114538
Olivier Burgers (*22 April 1909, Johannesburg –† 30 April 1962) is ’n baanbreker Afrikaanse radio-omroeper en streekbestuurder van die SABC in die Wes-Kaap. Hy publiseer studies oor C.J. Langenhoven en C. Louis Leipoldt en is ook ’n dramaturg. Die bekende akteur Frederik Burgers is sy broer. Marius Philip Olivier Burgers is op 22 April 1909 in Johannesburg gebore. Sy broer is Frederik Burgers, bekende akteur en komediant wat bekendheid verwerf met die vele rolprente wat hy saam met Al Debbo maak. Olivier voltooi sy matriek aan die Hoër Seunskool Helpmekaar, waar dr. J.R.L. van Bruggen ’n liefde vir die letterkunde by hom kweek. Hy matrikuleer met ’n onderskeiding in Afrikaans en studeer daarna aan die Universiteit van die Witwatersrand, met Afrikaans, Engels en Sielkunde as hoofvakke. Nadat hy sy B.A.-graad verwerf het, studeer hy aan die Johannesburg Opleidingskollege vir Onderwysers, waar hy ’n Transvaalse Onderwysdiploma verwerf. Hy behaal ook ’n Diploma in Voordragkuns. Na sy voltydse studie gee hy vir sewe jaar onderwys. In Johannesburg neem hy aktief deel aan die Afrikaanse kultuurlewe en is onder andere lid van die Afrikaanse Skrywerskring onder voorsitterskap van C.M. van den Heever.
88480
Kees Schouhamer Immink (18 Desember 1946) is ’n Nederlandse ingenieur en inligtingsteoretikus. Hy word as die vader van die CD, DVD en Blu-ray-skyf beskou. Die invloed van sy werk is trouens so groot dat dit bykans onmoontlik is om enige digitale klank of video te geniet waarby hy nie betrokke was nie. Hy is in 2014 deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) met ’n eredoktorsgraad vereer. CD bly beste geskenk, Beeld, 2014 Geargiveer 17 Junie 2014 op Wayback Machine Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
113476
Die Swartkol-snapper (Lutjanus ehrenbergii) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blackspot snapper; in sommige plekke as die Ehrenberg's seaperch. Die vis word tot 35 cm lank. Dit is grys tot silwer met vyf nou, geel strepe onder die sylyn. Die stert- en analevinne is gelerig. Daar is 'n groot ovaalvormige swart kol op die sylyn onder die middel dorsalevin. Die kol kan verdwyn met ouderdom. Die vis leef in strandmere en aflandige riwwe in water wat 5 tot 60 m diep is. Hulle verkies hellings van die riwwe waar hulle skuil onder oorhange en in grotte. Die vis is 'n alleenloper maar kom ook in klein groepies voor, soms saam met ander snapperspesies. Hulle vreet klein vissies wat hulle hoofsaaklik snags vang. Die vis lyk baie soos die dorie-snapper (Lutjanus fulviflamma). Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa.
61438
Rozendaal is ’n dorp en munisipaliteit in die provinsie Gelderland in Nederland. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
115150
Adèle Gie (*17 Julie 1914, Worcester – 25 November 2012, Somerset-Wes) was ’n skryfster van Afrikaanse musiekdramas en liedjies. Haar getroude naam is Adèle Jooste, en sy skryf onder beide Gie en Jooste. Hermina Adèle Gie was op 17 Julie 1914 op Worcester gebore as een van drie dogters van Coenraad Johannes Carolus Gie en Louisa B.C. van Rensburg. Sy gaan skool op haar geboortedorp en behaal in 1931 die Senior Sertifikaat. In 1933 slaag sy die onderwyserslisensiaat in klavier onder leiding van mev. M. Fismer van Stellenbosch. Daarna gee sy klavierles op Worcester en gaan aan met haar studies in harmonie, sang en orrel. In 1937 besoek sy Duitsland, waar sy etlike maande by haar oom, dr. S.F.N. Gie, deurbring. Hy is op daardie tydstip Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland.  Sy neem ’n leidende aandeel in ’n skouspelagtige opelug-lentemusiekfees op Worcester in 1938 en neem in 1939 deel aan die historiese optogte op Franschhoek. In Junie 1942 trou sy met mnr. J.G. Jooste, hoof van die Hoërskool Murraysburg. Sy is op 25 November 2012 in Somerset-Wes oorlede.
285999
Robert Casadesus (7 April 1899 – 19 September 1972) was 'n gerekende 20ste eeuse Franse pianis en komponis. Hy was die mees prominente lid van 'n uitgelese musikale famile (die Casadesus-familie), synde dat hy die neef van Henri Casadesus en Marius Casadesus, eggenoot van Gaby Casadesus, en die vader van Jean Casadesus was. Die verkose uitspraak van sy van is "Kah-zah-deh-su" met 'n stil of onuitgesproke "s" aan die einde daarvan. Robert Casadesus is gebore in Parys (welke ook sy sterfplek was) en het aldaar by die Paryse Konservatoria onder Louis Diémer gestudeer, en in die proses in 1913 die Premier Prix (Eerste Prys) en in 1920 die Prix Diémer gewen. Casadesus het hierna ingeskryf by die klasse van Lucien Capet, wat 'n buitengewone invloed op hom uitgeoefen het. Capet het 'n bekende kwartet gestig wat na hom vernoem is en waarin twee van Casadesus se ooms gespeel het, naamlik Henri en Marcel. Die kwartet het dikwels repetisies in die Casadesus woning gehou, en so het dit gekom dat die jong Robert bekendgestel is aan kamermusiek.
367659
’n Jong stervoorwerp (JSV) is ’n ster in die vroeë stadium van ontwikkeling. Hulle kan in twee groepe verdeel word: protosterre en voorhoofreekssterre. ’n Ster vorm deur die ophoping van materie wat uit ’n sirkumstellêre skyf in die protoster val. Materie in die skyf is koeler as die protoster se oppervlak en dit straal dus lig teen langer golflengtes uit. So word ’n oormaat infrarooi uitgestraal. Namate die materie in die skyf opraak, neem die infrarooi af. JSV's word dus gewoonlik in stadiums van evolusie geklassifiseer volgens die daling in die verspreiding van hulle spektrale energie in die middel-infrarooi. Daarvoor word ’n stelsel gebruik wat in 1987 deur Lada geskep is. Hy het drie klasse voorgestel (I, II en III), geskoei op die waardes van intervalle van spektraalindeks α {\displaystyle \alpha \,} : α = d log ⁡ ( λ F λ ) d log ⁡ ( λ ) {\displaystyle \alpha ={\frac {d\log(\lambda F_{\lambda })}{d\log(\lambda )}}} . Hier is λ {\displaystyle \lambda \,} die golflengte en F λ
373947
Cyanella lutea is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Cyanella behoort en is deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Bokkeveld en Roggeveld-eskarpte tot by die Kaapse Vlakte en hiervandaan ooswaarts deur die Klein-Karoo tot by die Kougaberge. Die plant blom van Augustus tot November. Daar is twee subspesies: Cyanella lutea subsp. lutea Cyanella lutea subsp. rosea (Eckl. ex Baker) J.C.Manning & Goldblatt John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4 http://redlist.sanbi.org/species.php?species=4120-20 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:429686-1
267437
By skaafwerk word materiaal verwyder deur 'n beitel oor ʼn werkstuk te beweeg. Die bekendste skawe is die handskawe wat vir houtwerk gebruik word, hoewel daar skawe is wat ook vir metaal gebruik kan word. Masjienskaafbewerking by hout word gewoonlik skaafwerk genoem, hoewel dit in werklikheid 'n freesbewerking is. Skaafgereedskap word op verskillende maniere by timmerwerkplekke en in doen-dit-self-werkwinkels gebruik. Elementêre skaafgereedskapstukke is onder meer die steekbeitel, die gutsbeitel en die steekguts. 'n Ewe eenvoudige gereedskapstuk is die spookskaaf, met 'n breë lem en 'n handvatsel aan weerskante van die lem. Dit is veral nuttig vir die maak van geboë vlakke (byvoorbeeld kunswerke, bootrompe, ensovoorts). Die handskaaf bestaan uit 'n hout of metaalraam waarin 'n verstelbare beitel gemonteer is. Die beitel word met behulp van 'n keerbeitel in posisie gehou, wat terselfdertyd afgeskaafde houtkrulle ombuig en dit afbreek. Die raamwerk het ʼn gladde onderkant (sool) wat die beitel oor die hout gelei. Die langste handskaaf is die ryskaaf, wat ongeveer 60 cm lank is. Die voorloperskaaf is ongeveer 40 cm lank en die blokskaaf ongeveer 20 cm.
115469
Generasie X (algemeen afgekort tot Gen X) is die demografiese groep na aanleiding van die baby boomers. Daar is geen presiese datums vir wanneer hierdie groep begin of eindig nie; demograwe en navorsers gebruik tipies die aanvang van die geboortejaar wat wissel van die vroeë tot middel-1960's en eindig by geboortejaar wat wissel van die laat 1970's tot die vroeë 1980's. Die term "generasie X" is op verskillende tye dwarsdeur die geskiedenis gebruik om die vervreemde jeug te beskryf. In die 1950's het die Hongaarse fotograaf Robert Capa Generasie X as die titel vir 'n foto-essay oor die jong mans en vroue wat onmiddellik na die Tweede Wêreldoorlog grootgeword het gebruik. In 1976, het die Engelse musikant Billy Idol die bynaam gebruik as die naam vir 'n punk rock-musiekgroep. GenXegesis: essays on alternative youth (sub)culture By John McAllister Ulrich, Andrea L. Harris p. 5. "5 Reasons Marketers Have Largely Overlooked Generation X" (in Engels). Adweek. 4 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op 19 Junie 2016.
51517
Vader is die naam vir 'n man of manlike dier met nageslag. As die man die nageslag self bevrug het, word verwys na 'n biologiese vader. As die kind 'n ander biologiese vader het, word daar na 'n pleegvader of stiefvader verwys. Die verwantskap van 'n vader tot sy kinders word met die term vaderskap aangedui. Andere name vir vader is: pa, papa, pappie, paps. Moeder Broer Suster Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir vader. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
61945
Die Tsitsikamma Nasionale Park is 'n park op die Tuinroete in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Op 6 Maart 2009 het die park met die Nasionale Wildernispark, Knysna Nasionale Meergebied en ander areas saamgesmelt om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm. Die park is bekend vir sy woude en asemrowende kuslyn. Dit strek ongeveer 80 kilometer langs die Indiese Oseaan-kuslyn af. Die Bloukransbrug is in die omgewing vanwaar mens 'n 216 meter reksprong kan uitvoer. Tsitsikamma beteken 'plek van baie water'. Die Nasionale Tsitsikammabos- en -seekuspark bestaan uit 'n strook kuslyn van ongeveer 75 km en 'n afsonderlike stuk inheemse woud van ongeveer 480 ha aan die Suid-Kaapse kus tussen Knysna en Humansdorp. Die hoofdoel van die park is die beskerming van die seelewe, en op die oomblik is dit die enigste mariene park in Suider-Afrika. Die seekuspark strek van 800 m die see in tot ongeveer die rand van 'n eskarp wat direk langs die kus geleë is. Die reënval wissel tussen ongeveer 913 mm langs die kus en 1 120 mm en hoër op die plato, en talle stroompies en riviere vloei oor of deur die eskarp na die see.
80719
Die mieliedriehoek is 'n landbougebied in die sentrale deel van Suid-Afrika wat weens sy grond, temperatuur en reënval 'n besonder hoë mielieopbrengs lewer. Mahikeng (Noordwes), Pretoria (Gauteng) en Barberton (Mpumalanga) (al drie naastenby op die 25º suiderbreedtelyn) vorm die vae noordgrens van die mielieproduserende streek. Die suidpunt van die driehoek lê in die omgewing van Smithfield in die Vrystaat. Ander groot dorpe op die grense van die streek is Lichtenburg en Vryburg in Noordwes, Ermelo en Carolina in Mpumalanga en Ladybrand en Wepener in die Vrystaat. Die grond in die streek is betreklik vrugbaar, maar het 'n tekort aan fosforoksied en kalk. Rondom Bethal in Mpumalanga en in die noordwestelike Vrystaat bestaan die grond uit verweerde dolerietsome en lewer daarom goeie oeste. Lys van streeksname in Suid-Afrika
306287
Douglas James "Doug" Burgum (gebore 1 Augustus 1956) is 'n Amerikaanse entrepreneur, filantroop en politikus. Hy is die 33ste goewerneur van Noord-Dakota en 'n lid van die Republikeinse Party. Burgum het in 1983 by Great Plains Software aangesluit. Hy het vir meer as 32 jaar as die president van die maatskappy gedien vanaf 1984 tot 2016. Burgum is in 1956 in Arthur, Noord-Dakota gebore. Hy het 'n BA-graad aan die Noord-Dakota-staatsuniversiteit verwerf en 'n MBA-graad aan Stanford Universiteit behaal. Burgum was 'n besigheidsman voordat hy in 2016 aangekondig het dat hy 'n kandidaat vir goewerneur is. Hy het die staat se prokureur-generaal Wayne Stenehjem in die Republikeinse voorverkiesing verslaan. Burgum het die algemene verkiesing in November gewen en is op 15 Desember ingehuldig. Hy het vir Jack Dalrymple opgevolg. Burgum was vanaf 1991 tot 2003 met Karen Stoker getroud. Hy het drie kinders uit sy huwelik met Karen. Hy het in 2016 met Kathryn Helgaas getrou. "Doug Burgum elected Governor; speech upcoming on WDAY". Besoek op 10 November 2016. Gretchen Heim Olson.
370100
Die Aloe bulbillifera is 'n aalwyn wat inheems is aan Madagaskar. Die plant het een subspesie: Aloe bulbillifera var. paulianae Reynolds Lys van aalwynspesies http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:529289-1
13100
Abilene is 'n dorp in die Amerikaanse staat Kansas, sowat 225 km wes van Kansas City. Dit het in die 19de eeu ontwikkel as 'n sentrum vir die beesboerderybedryf en spoorweë. Dit het 'n bevolking van sowat 6 800. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
33254
Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang (Python natalensis), voorheen ook genoem die Afrika-rotsluislang, Natalse rotsslang, rooibokslang, konstriktorslang, bosveldslang en verkeerdelik boa, is 'n slangsoort van die familie Pythonidae en word by die subfamilie van die luislange ingedeel. Die spesie is voorheen as 'n subspesie van die Python sebae beskou en word eers as 'n afsonderlike spesie in 1999 erken. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele van Sentraal- tot Suid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik in die oop savanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugter vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom in matig intensief verboude plantasies. Na gelang van die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels klein boksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos halfvolgroeide rooibokke en waterboklammers, en klein jagluiperdwelpies gevang.
231424
Henschel & Son was 'n Duitse swaaringenieursmaatskappy, geleë in Kassel, in die 20ste eeu bekend as 'n vervaardiger van vervoertoerusting, insluitende lokomotiewe, vragmotors, busse en trolliebussies; asook gepantserde vegvoertuie en -wapens. Georg Christian Carl Henschel het in 1810 die fabriek in Kassel gestig. Sy seun Carl Anton Henschel het in 1837 'n ander fabriek gestig. In 1848 het die maatskappy begin met die vervaardiging van lokomotiewe. Die fabriek het in die 20ste eeu die grootste lokomotiefvervaardiger in Duitsland geword. Henschel het 10 geartikuleerde stoomwaens, met dubbelle stoomontwerpe, vir die Deutsche Reichsbahn-spoorweë as afleweringswaens gebou. Verskeie waens is ook gebou, waarvan een Hermann Göring se personeelwa geword het. In 1935 kon Henschel sy verskillende stoomlokomotiewe opgradeer na 'n vinnige Streamliner-tipe met 'n maksimumspoed van tot 140 km/h deur die byvoeging van 'n verwyderbare dop oor die ou stoomlokomotief. "Locomotive with Streamline Shell is Designed for Speed" Popular Mechanics October 1935 bottom of page 541 Henschel's Mittelfeld Werkes Tiger tenkfabriek Luft '46
105068
Die Gereformeerde kerk Bethanie was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika met sy middelpunt op die dorpie Bethanie. Die gemeente is in 1969 gestig, maar drie jaar later het die lidmate net 25 getel. In 1975 is Bethanie ontbind en sedertdien val die dorpie binne die grense van die gemeente Keetmanshoop. Viljoen, Johannes Hendrik, 1970–1974 (in kombinasie met Mariental) Buys, Johannes Christiaan, 1974–1975 (in kombinasie met Mariental, waar hy gebly het tot 1983) (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Aministratiewe Buro. (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
85524
Die Golf van Thailand (Thai: อ่าวไทย, Ao Thai, [ʔàːw tʰāj], luister (hulp·inligting); Khmer: ឈូងសមុទ្រថៃ, Boeung Tonle Siem; Maleis: Teluk Thailand; Viëtnamees: Vịnh Thái Lan), of vroeër die Golf van Siam (Thai: อ่าวสยาม; Ao Sayam) genoem, is 'n golf van die Suid-Chinese See in Suidoos-Asië tussen Indo-China in die noorde en die Maleise Skiereiland in die suide. Die Golf van Thailand word in die noorde en weste deur Thailand begrens, in die noordooste deur Kambodja, in die ooste deur Viëtnam en in die suide deur Maleisië. In die suidooste die Suid-Chinese See geleë. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 320 000 km², is tussen 500 en 560 km wyd en 450 km lang. Net noord van die Baai van Bangkok in die noorde van die Golf van Thailand is Bangkok, Thailand se hoofstad en grootste stad, geleë. Suid van Bangkok mond die Chao Phraya in die Golf van Thailand uit. (th) "A report on the royal travel through the Gulf of Siam, 1927" (pdf).
114348
P.W. Buys (1923–1999) was ’n Afrikaanse digter van hoofsaaklik religieuse verse, predikant van die Gereformeerde Kerk, en professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom. Hy word beskou as Potchefstroom se "ander Totius". Pieter Willem Buys is op 15 Oktober 1923 op Germiston gebore. Sy ouers kom albei oorspronklik van die Karoo af. Sy vader was van Steynsburg afkomstig en sy ma, ’n nooi Du Plessis, was oorspronklik van Philippolis. Toe hy nog ’n jong seun was, verhuis die gesin na ’n plaas tussen Brakpan en Heidelberg. Ná sy laerskooldae op Brakpan en hoërskooldae op Bronkhorstspruit behaal hy die B.A.-graad, B.D.-graad en in 1952 die M.Th.-graad (met ’n verhandeling oor Die teologiese fundering van die owerheid wat hy in net nege maande afhandel) aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Van 1948 tot 1950 is hy predikant van die gekombineerde Gereformeerde gemeentes Theunissen en Bultfontein in die Vrystaat. As jong predikant beïndruk hy die gemeenskap sodanig dat ’n straat in Theunissen na hom genoem word. Vanaf 1950 tot 1953 bedien hy die gemeente op Kroonstad in die Vrystaat en in 1953 word hy na Potchefstroom beroep.
116208
Christine Pienaar (1929–2015) was ’n Afrikaanse skrywer. Christina Johanna Botha is op 25 Augustus 1929 op Zeerust gebore. Haar pa is onderwyser op verskeie plekke in die Marico-distrik voordat die gesin na Krugersdorp trek, waar sy aan die Hoërskool Monument skoolgaan en in 1946 matrikuleer. Sy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy in 1949 die B.A.-graad behaal met Afrikaans en Engels as hoofvakke en in 1951 ’n M.A.-graad in Engels. Van 1951 tot 1959 werk sy by die Vertaalburo (later die Staatstaaldiens). Benewens Afrikaans en Engels is sy ook Spaans en Duits magtig. Sy trou in 1959 met Theo Pienaar, ’n amptenaar van die Departement van Buitelandse Sake, waarna hulle van tyd tot tyd vir lang periodes in die buiteland woon. Die eerste pos is in Den Haag in Nederland, waar hulle ses jaar lank woon. Hier word hulle twee seuns, Gideon en Ferdinand, gebore. Hierna bring hulle ’n korter tyd deur in Stockholm in Swede. Hulle keer terug na Pretoria, waar sy weer by die Staatstaaldiens werk.
235526
Don DeFore (25 Augustus 1913 – 22 Desember 1993) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente It Happened on Fifth Avenue (1947), Romance on the High Seas (1948), Too Late for Tears (1949), en My Friend Irma (1949). 1941: We Go Fast 1942: Right to the Heart 1945: The Stork Club 1945: You Came Along 1946: Without Reservations 1947: It Happened on Fifth Avenue 1947: Ramrod 1948: Romance on the High Seas 1948: One Sunday Afternoon 1949: Too Late for Tears 1949: My Friend Irma 1950: Southside 1-1000 1951: The Guy Who Came Back 1952: And Now Tomorrow 1952: A Girl in Every Port 1952: Jumping Jacks 1952: No Room for the Groom 1952: She's Working Her Way Through College 1957: Battle Hymn 1958: A Time to Love and a Time to Die 1960: The Facts of Life 1976: All This and World War II 1984: Rare Breed 2014: The First Motion Picture Unit: When Hollywood Went to War 1949: The Silver Theatre 1949: Erskine Johnson's Hollywood Reel 1950: The Bigelow Theatre 1952: The Adventures of Ozzie and Harriet 1961: Hazel 1973: The Wizard of Odds 1959: The Philadelphia Story 1961: Daddy-O 1968: A Punt, a Pass, and a Prayer Don DeFore in die Internet-rolprentdatabasis
319340
Scott Ronald Dixon (gebore op 22 Julie 1980 in Brisbane, Australië), algemeen bekend as The Iceman, is 'n Nieu-Seelandse professionele motorjaer wat tans in die IndyCar-reeks jaag. Hy is verbonde aan die Chip Ganassi Racing-span. Dixon is 'n sesmalige IndyCar-kampioen, met oorwinnings in 2003, 2008, 2013, 2015, 2018 en 2020. "Dixon relieved and ecstatic after title win". The New Zealand Herald. 8 September 2008. Besoek op 7 November 2011. Amptelike webwerf
28671
Hier volg ’n lys van die tsare en keisers van Rusland. Die eerste tsaar (Russies: царь, tsar) van Rusland was Iwan die Verskriklike van die Rjoerik-dinastie en die laaste tsaar Pieter die Grote van die Romanof-dinastie wat later as keiser (Russies: император, imperator) van Rusland herkroon is. Imperator was die amptelike titel van die Russiese heersers tot met die abdikasie van Nikolaas II in 1917. Hy is in 1918 saam met sy gesin tereggestel. Toe hy abdikeer, is sy broer groothertog Michail Aleksandrowitsj as keiser aangewys, maar hy het ná ’n dag die troon van die hand gewys. (Die keisers was ook groothertoë van Finland van 1809 tot 1917; en konings van Pole van 1815 tot 1916) Nikolaas II (1917-1918) Kirill Wladimirowitsj, groothertog van Rusland (1924-1938) Wladimir Kirillowitsj, groothertog van Rusland (1938-1992) Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland (1992-hede) Groothertog Giorgi Michailowitsj, seun van Maria Wladimirowna Prins Nikolaas Romanof (1992-2014) Prins Dmitri Romanof, broer van Nikolaas Romanof (2014-2016) Prins Andrei Romanof (2016-hede) Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tsaars van Rusland.
30627
Die Cité de Carcassonne is 'n middeleeuse bouwerk in die stad Carcassonne in die department Aude in die suide van Frankryk. Dit is geleë op die regteroewer van die Auderivier, in die suidooste van die hedendaagse stad. Die middeleeuse sitadel, waarvan die oorsprong terugdateer na Gallo-Romeinse tye, se bekendheid is te danke aan die dubbele stadsmuur van byna 3 km met twee-en-vyftig torings wat op skouspelagtige wyse oor die Audevallei uittroon. Die Cité sluit ook 'n graaflike kasteel (die château comtal) en 'n basiliek (die basilique Saint-Nazaire) in. Nadat dit van vernietiging gered is, is dit in die 19de eeu, op soms omstrede wyse, gerestoureer onder leiding van Eugène Viollet-le-Duc. Die Cité de Carcassonne is in 1997 deur UNESCO aangewys as 'n wêrelderfenisgebied. Die graaflike kasteel, die versterkings, die dwingels (lices) en hulle torings behoort aan die staat en word bestuur deur die sentrum vir nasionale monumente van Frankryk, terwyl die res van die Cité deel van die munisipale owerheid se eiendom is. Die Cité de Carcassonne is geleë op die regteroewer van die Aude en kyk uit oor die stad Carcassonne wat wes daarvan lê.
93524
William Lassell (1799 - 1880) was 'n Engelse handelaar en sterrekundige. Lassell het verskeie mane in die Sonnestelsel ontdek. Die krater genaamd Lassell op die Maan, 'n krater op Mars, die asteroïde 2636 Lassell en 'n ring van Neptunus is na hom vernoem. Lassell is op 18 Junie 1799 in Bolton, Lancashire in Engeland gebore en is in Rochdale opgevoed. Na sy pa se dood was hy van 1814 tot 1821 'n vakleerling van 'n handelaar in Liverpool. Daarna het hy 'n fortuin as 'n bierbrouer gemaak, wat hy gebruik het om sy belangstelling in sterrekunde uit te brei. Hy wen in 1849 die Royal Astronomical Society se goue medalje, en dien van 1870 vir twee jaar as president van die organisasie. Hy is ook in 1849 as 'n genoot (fellow) van die Royal Society aangewys en wen in 1858 hulle Royal-medalje. Lassell is op 5 Oktober 1880, op 81-jarige ouderdom in Maidenhead oorlede. Hy het 'n fortuin van £ 80 000 agtergelaat (ongeveer 8,8 miljoen Amerikaanse dollars in vandag se terme). Sy teleskoop is aan die Royal Observatory in Greenwich geskenk.