id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
68696
'n Orgaan is 'n versameling van verskillende liggaamsweefsels, soos gladdespierweefsel en skeletspierweefsel, wat saamwerk om 'n spesifieke funksie te verrig. Voorbeelde is die hart waarvan die funksie is om bloed deur die liggaam te pomp en die longe wat die liggaam van suurstof voorsien. Organe is baie belangrik om lewensprosesse in lewende organismes te onderhou. Van die organe in die menslike liggaam is: Brein Hart Lewer Longe Maag Mond Niere Neus Oog Oor Pankreas Skelet Skildklier Spiere Vel Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
75830
Albert Ballin (* 15 Augustus 1857; † 9 November 1918 in Hamburg) was 'n Hamburgse reder en een van die vernaamste sakepersoonlikhede van Joodse afkoms in die tyd van die Duitse Keiserryk. As besturende direkteur het hy van sy redery, die Hamburg-Amerikanische Packetfahrt-Actien-Gesellschaft, kort HAPAG, die grootste skeepvaartlyn ter wêreld gemaak. Hy word as die vader van moderne plesierboot-toerisme beskou. Ballin was 'n vurige patriot en het aktief aan die politieke lewe deelgeneem. As vriend en raadgewer van keiser Wilhelm II het hy die monarg probeer oorreed om liewer met die Verenigde Koninkryk te koöpereer as om konfrontasie te soek. Die keiser het egter voortgegaan om die Britse regering met sy beleid van vlootuitbreiding uit te daag. As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog het Ballin die vernietiging van sy lewenswerk en die verlies van sy skepe in die gesig gestaar. Twee dae voor die einde van die oorlog het hy selfmoord gepleeg deur 'n oordosis slaappille te drink. Susanne Wiborg: Albert Ballin. In: Zeit Online, 13 Februarie 2014 Mediaberigte welt.de, 2 November 2018: Albert Ballin - Woran der Topmanager des Kaiserreichs zerbrach ndr.de - Geschichte, 8 November 2018: Albert Ballin: Der Mann, der die Hapag prägte Bilderreisen.at: Porträt Albert Ballin, deutscher Reeder Hamburg Fink.
78656
Die Spotlewerik (Mirafra cheniana) is 'n gelokaliseerde algemene endemiese standvoël en grasveld en weiveld. Die voël is 12 cm groot en weeg 13 - 15 gram. In Engels staan die voël bekend as die Melodious Lark. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Mirafra cheniana". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
84782
UPS Airlines, is die lugredery van United Parcel Service, Inc., 'n reuse Amerikaanse maatskappy gebaseer in Louisville, Kentucky. Dit is verantwoordelik vir die vervoer van lugvrag van die moedermaatskappy United Parcel Service, Inc. en is een van die drie grootste vraghanteerders ter wêreld. As gevolg van groter kompetisie onder nuwe vliegtuie met meer as 200 sitplekke, het UPS Airlines in 2001 besluit om sy passasiersbedrywighede te staak en uitsluitlik op vragvervoer te fokus. Die korporatiewe bruin kleur op die stertvin versprei op die agterkant van die romp en word begrens deur 'n goue omranding. Die logo bly op die stertdeel, maar op die romp word dit vervang deur die advertensie-boodskap "Worldwide Services - Synchronizing the world of commerce". UPS vlieg na meer as 200 lande en gebiede in die wêreld, en diens daagliks 388 Amerikaanse lughawens met 936 vlugsegmente, asook 378 internasionale lughawens met 755 vlugsegmente. Die meeste UPS Airlines-vlugte gaan deur die UPS Worldport op Louisville Internasionale Lughawe wat 416 000 pakkies of dokumente per uur kan hanteer.
101534
Die Autódromo Hermanos Rodríguez (letterlik "Rodríguezbroers-renbaan") is 'n motorsportrenbaan in Meksikostad, Meksiko, vernoem na die beroemde renjaerbroers Ricardo en Pedro Rodríguez. Die baan het kort na sy opening sy naam gekry toe Ricardo Rodríguez tydens 'n oefening vir die 1962 Meksikaanse Grand Prix verongeluk het. Ricardo se broer Pedro het nege jaar later ook met sy lewe hier geboet. Die renbaan is in 'n openbare park van die Magdalena Mixhuca Sportstad in die suidooste van Meksikostad geleë. Die "NASCAR Nationwide-reeks" het by Autódromo Hermanos Rodríguez plaasgevind van die 2005-seisoen tot die 2008-seisoen. Martin Truex Jr. wen die ren in 2005 en Denny Hamlin in 2006. Vir die 2007-ren is die oorkruiseiland verwyder om verbysteekgeleenthede in die pylvak en in draai 1 te verbeter, en Juan Pablo Montoya van Bogotá, Colombia het die ren gewen. Die volle F1-baanuitleg by die Autódromo Hermanos Rodríguez is deur die A1 Grand Prix-reeks gebruik vanaf die 06–07 seisoen. Die baan is in 1962 in 'n openbare park gebou en het sy eerste Formule Een Grand Prix in dieselfde jaar aangebied, as 'n nie-kampioenskapswedren.
106196
Die America's Cup (of Auld Mug) is 'n seiljagwedvaart wat elke drie of vier jaar gehou word. Dit is die eerste keer in 1851 aangebied en word as die belangrikste seiljagvaart ter wêreld beskou. Sommige mense beskou dit as die oudste internasionale sportbyeenkoms. Dit is wel die oudste sporttrofee waarom vandag nog meegeding word. Die eerste wedvaart is deur The Royal Yacht Squadron georganiseer. Die kompetisie is na die eerste wenner daarvan, 'n skoener genaamd America van die New York-seiljagklub, genoem. Die wedvaart vind tussen twee seiljagte plaas. Die eerste, die verdediger, verteenwoordig die seiljagklub wat tans die titel hou. Die tweede, die uitdager, verteenwoordig die klub wat die titelhouer daarom uitdaag. Die reëls van elke wedstryd word vooraf deur die verdediger en die uitdager opgestel. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 (en) "About America's Cup". Sir Peter Blake Trust. 2 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2015. (en) Amptelike webtuiste (en) "America's Cup". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Maart 2021.
112364
Die 2011 Monaco Grand Prix is op 29 Mei 2011 op die Circuit de Monaco in Monte Carlo gehou. Dit was die sesde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in sy Red Bull-Renault gewen. (nl) Pérez bots swaar in Monaco (nl) Hamilton spring in vyfde ry weg na hy kruising misry. (nl) HRT-renjaers kry toestemming om deel te neem (nl) Barrichello verdien eerste punte vir Williams (nl) Wedren in Monaco gestaak na Petrov se ongeluk.
119516
Die Borgia-familie (Italiaans: [ˈbɔrdʒa], Spaans: Borja [ˈborxa], Katalaans: Borja [ˈbɔɾdʒa]) was 'n skatryk Spaans-Italiaanse familie in die 15de en 16de eeu. Die familie word onthou vir hulle wrede vasberadenheid om politieke mag te bekom en hul korrupte houvas op die pousdom tydens die Renaissance. Daar word selfs beweer dat hulle die eerste kriminele familie, 'n voorloper van die Italiaanse mafia, was. Onder die talle beskuldigings teen die familie was bloedskande, owerspel en selfs moord. Toe Alfonso (die biskop van Valencia) 'n kardinaal word, vestig die familie hulself in Italië. Hulle was oorspronklik van Borja in Aragón (Spanje) afkomstig. In 1455 word Alfonso tot pous verkies en neem hy die naam Callixtus III aan. Vanuit dié amp het hy sy familielede vir belangrike posisies benoem. Die familie se patriarg, Rodrigo Borgia (1431–1503), 'n neef van Alfonso, word eers 'n biskop, toe kardinaal (1456) en later adjunk-kanselier van die Heilige Stoel. In 1492 word hy die pous onder die naam Alexander VI. Hy vervul hierdie funksie vir elf jaar.
122678
Eshane is 'n nedersetting in Umzinyathi-distriksmunisipaliteit in die KwaZulu-Natalprovinsie van Suid-Afrika. "Hoofplek Eshane". Sensus 2011. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
128870
Pietje Aafke (Pia) Dijkstra (gebore op 9 Desember 1954 in Franeker) is 'n Nederlandse politikus van die Demokrate 66 (D66). Sy het van 17 Junie 2010 tot 31 Maart 2021 as lid van die Tweede Kamer gedien. Vroeër was sy aktief as televisievervaardiger, joernalis en televisie-aanbieder. Ná die gymnasium aan die Stedelijk Gymnasium Leeuwarden vertrek Dijkstra na Amsterdam om teologie te studeer aan die Gemeentelijke Universiteit. Dié studie het sy nie voltooi nie. In 1978 had Dijkstra 'n toevallige ontmoeting met IKON-medewerker Jan Stroes, wat vir haar die begin inlui van 'n loopbaan in die omroepwereld. Sy tree by IKON in diens as voorligster, radiomedewerkster en regisseur van kerkdienste en werk daar vir ses jaar. In 1984 maak sy die oorgang na Radio Nederland Wereldomroep waar sy as televisievervaardiger en televisie-aanbieder aan die slag gaan. Twee jaar later vertrek sy na Hier & Nou Radio van die NCRV en in 1988 word sy een van die vaste gesigte van NOS Journaal. Op 14 Julie 2000 bied sy vir die laaste keer NOS Journaal aan. In Oktober van daardieselfde jaar stap sy oor na AVRO.
195934
Polymastia laganoides is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Polymastia en tot die familie Polymastiidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1895 deur Lambe. Van Soest, R. (2011). Polymastia laganoides Lambe, 1895. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=134203. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
196222
Raspailia pacifica is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Raspailia en tot die familie Raspailiidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1962 deur Koltun. Van Soest, R. (2011). Raspailia pacifica. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=168127. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
215080
Gedde Watanabe (gebore 26 Junie 1955) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Sixteen Candles (1984), UHF (1989), Gremlins 2: The New Batch (1990), en Mulan (1998). 1980: The Long Island Four 1984: Sixteen Candles 1986: Gung Ho 1989: UHF 1989: The Spring 1990: Gremlins 2: The New Batch 1997: Psycho Sushi 1998: Mulan 1986: Gung Ho 1990: Down Home 2003: I Love the '80s Strikes Back UDrive Me 1976: Anatomy of a Song 2008: Celebrating Sixteen Candles 2013: Mulan: 15th Anniversary - The Voices of Mulan II Gedde Watanabe in die Internet-rolprentdatabasis
214222
Kerry Rossall (gebore 23 Junie 1947) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Apocalypse Now (1979), The Abyss (1989), Timeline (2003), en Poseidon (2006). 1979: Apocalypse Now 1989: The Abyss 2003: Timeline 2005: Lost in Plainview 2006: Poseidon 2018: Friend of the World Kerry Rossall in die Internet-rolprentdatabasis
286138
Theodor Eicke (17 Oktober 1892 - 26 Februarie 1943) was 'n Duitse SS-funksionaris gedurende die Nazi-era. Hy was een van die sleutelfigure in die ontwikkeling van die Nazi-konsentrasiekampstelsel in Duitsland wat gebruik is om verdeeldheid tydens die Holocaust te onderdruk. Eicke was van Junie 1933 tot Julie 1934 die tweede kommandant van die Dachau-konsentrasiekamp, en was saam met sy adjudant Michael Lippert een van die teregstellers van die SA hoof Ernst Röhm tydens die suiwering van die nag van die lang messe. In 1939 word Eicke bevelvoerder van die SS-afdeling Totenkopf van die Waffen-SS, en lei die afdeling tydens die Tweede Wêreldoorlog op die Westelike en Oostelike fronte, en gaan voort met die uitbreiding en ontwikkeling van die konsentrasiekampstelsel. Eicke is op 26 Februarie 1943 sterf toe sy vliegtuig tydens die Derde Slag van Kharkov neergeskiet is. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Theodor Eicke. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
286852
Robert Ritter von Greim (gebore Robert Greim; 22 Junie 1892 - 24 Mei 1945) was 'n Duitse veldmaarskalk. Hy was 'n vegvlieënier in die Eerste Wêreldoorlog. In April 1945, in die laaste dae van die Tweede Wêreldoorlog, het Adolf Hitler von Greim as opperbevelvoerder van die Luftwaffe (Duitse Lugmag) aangestel nadat Hermann Göring weens hoogverraad ontslaan is. Na die oorgawe van Nazi-Duitsland in Mei 1945, is von Greim deur die Geallieerdes gevange geneem. Hy het op 24 Mei 1945 selfmoord gepleeg in 'n Amerikaans-beheerde gevangenis. Scherzer, Veit (2007). Die Ritterkreuzträger 1939–1945 Die Inhaber des Ritterkreuzes des Eisernen Kreuzes 1939 von Heer, Luftwaffe, Kriegsmarine, Waffen-SS, Volkssturm sowie mit Deutschland verbündeter Streitkräfte nach den Unterlagen des Bundesarchives [Die ridderkruis ontvangers 1939–1945 Die houers van die ridderkruis, die ysterkruis 1939 deur leër, lugmag, vloot, Waffen-SS, Volkssturm en geallieerde magte met Duitsland volgens die dokumente van die Federale Argief] (in Duits). Jena, Germany: Scherzers Militaer-Verlag. ISBN 978-3-938845-17-2. Thomas, Franz (1997).
302320
Caldas is 'n departement van Colombia. Die hoofstad is Manizales. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
309808
Münsingen Münsingen is 'n munisipaliteit in kanton Bern, in die distrik Bern-Mittelland van Switserland. In 2018 het 12 533 mense in die munisipaliteit gewoon. In 2020 het meeste van die inwoners Duits gepraat. Demografische Bilanz nach institutionellen Gliederungen STAT-TAB Datenwürfel für Thema 40.3 - 2000
365584
Die Aloe tororoana is 'n aalwyn wat inheems is aan die suidooste van Uganda. Lys van aalwynspesies http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:529969-1
370144
Sarel Antonie Strydom Hayward (5 Augustus 1924, Steytlerville – 2 Oktober 1999) was gedurende sy leeftyd 'n Suid-Afrikaanse politikus, en 'n lid van die regerende Nasionale Party, verteenwoordigend van Graaff-Reinet in die parlement (1969-1984). Hy het lank in die kabinet van P.W. Botha gedien as adjunkminister van Landbou (1978-1980), Minister van Landbou en Visserye (1980-1982), Minister van Omgewingsake, Waterwese en Bosbou (1982-1984) en laastens as Minister van Landbou en Waterwese (1984-1986).
261447
Shareen Blair Brysac is 'n skrywer van nie-fiksie boeke en 'n voormalige danser, televisieproduseerder en televisieskrywer. Brysac was in Denver, Colorado gebore en het gegradueer van Barnard College, Columbia-universiteit. Terwyl sy by Barnard was, het sy die Juilliard Skool bygewoon en gedans as 'n lid van die Jose Limon en Merce Cunningham Geselskappe. Na haar graduasie het sy ook saam met die Paul Taylor Dansgeselskap in Europa verskyn en saam met die New York Stadsopera balletgeselskap opgetree. In 1974 het sy vir CBS News netwerk as 'n produseerder/regisseur van dokumentêre programme begin werk. Haar dokumentêre programme, 1968, American Dream, American Nightmare, The Cowboy, the Craftsman, and the Ballerina, en Juilliard and Beyond: A Life in Music, Once in Lifetime het vyf Emmy-toekennings, 'n DuPont Citation, 'n George Foster Peabody-toekenning, 'n Skrywersgilde-toekenning, medaljes van die New York Filmfees en Chicago filmfees en 'n spesiale uitnodiging tot die Edinburgh-filmfees gewen.
273009
Die 31ste Cannes-rolprentfees is van 16-30 Mei 1978 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi. Die fees is geopen met A Hunting Accident (Moy laskovyy i nezhnyy zver) deur Emil Loteanu en afgesluit met Fedora deur Billy Wilder. Die Amerikaanse regisseur en rolprentvervaardiger Alan J. Pakula was die president van die jurie. In 1978 het ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Un Certain Regard", die lig gesien in die plek van "Les Yeux fertiles" (1975-1977), "L'Air du temps" en "Le Passé composé". Van die mense en prente wat in 1978 pryse ontvang het, is: Palme d'Or: The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi Grand Prix: Bye Bye Monkey (Ciao maschio) deur Marco Ferreri en The Shout deur Jerzy Skolimowski Beste regisseur: Nagisa Oshima vir Empire of Passion (Ai no Bōrei) Caméra d'Or: Alambrista! deur Robert M. Young Beste akteur: Jon Voight vir Coming Home Beste aktrise: Jill Clayburgh vir An Unmarried Woman en Isabelle Huppert vir Violette Nozière Kortprente Palme d'Or: La Traversée de l'Atlantique à la rame deur Jean-François Laguionie Jurieprys: A Doonesbury Special deur John Hubley, Faith Hubley en Garry Trudeau, en Oh My Darling deur Børge Ring "31ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans).
23156
Sophora is 'n blommegenus in die familie Fabaceae. S.imhambanensis Klotsch in Kenia, Mosambiek, Sodwanabaai, Suid-Afrika. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Wetenskaplike klassifikasie
47336
Blackout Rugby is 'n gratis webgebaseerde rugby-bestuurspeletjie geskep deur die Nieu-Seelanders Jeremy Bell en Matthew Scoble van Blackout Entertainment Bpk. Die spel is in Desember 2006 geloods en het tans 8 982 deelnemers, waarvan 710 as Suid-Afrikaners geregistreer het (status: 5 November 2011). Die spel is sedert 3 November 2011 in Afrikaans beskikbaar, maar kan ook in Engels, Frans, Italiaans en Spaans gespeel word. Die persoon agter die idee vir die spel is Matthew Scoble, wat in 2005 as 'n geregistreerde deelnemer aan die gratis internetspeletjies Hattrick (sokker) en Battrick (krieket) begin dink het om 'n soortgelyke speletjie vir rugby te skep. Hy het sy vriend, Jeremy Bell, wat oor die nodige kundigheid beskik het, genader om die projek 'n werklikheid te maak. Die webwerf is in 2006 geskep en die spel se eerste beta-weergawe is op 7 Oktober 2007 geloods met 'n tweede beta-weergawe wat gevolg het op 27 November 2007. Die speletjie het uiteindelik begin op 14 Desember 2007 en het selfs aandag in die Nieu-Seelandse pers geniet.
48254
Vir Rosebank in Kaapstad, sien Rosebank, Kaapstad. Rosebank is 'n residensiële en kommersiële voorstad in die noordelike deel van Johannesburg. Dis aangelê op die plaas Braamfontein. 'n Aantal sakeondernemings het hul hoofkwartier in Rosebank se sakekern, terwyl ook luukse winkelsentrums, hotelle, opelugrestaurante, rolprentteaters, nagklubs, kunsgalerye en vlooimarkte bydra tot dié voorstad se kosmopolitiese karakter. 'n Ondergrondse stasie vir die Gautrein is in Rosebank in gebruik geneem op 2 Augustus 2011. "Subplek Rosebank". Sensus 2011. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
70994
Ds. Willem Postma (Burgersdorp, 15 Maart 1874 – Reddersburg, 13 Desember 1920) was 'n predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en, onder die skuilnaam Dr. O'Kulis, 'n Afrikaanse baanbrekerskrywer. By sy dood het prof. J.D. du Toit (Totius) hom as 'n “heldeverskyning” en nie maar net 'n merkwaardige figuur nie beskrywe: “Hy het beswyk terwyl hy nog wou werk en ideale in sy siel geskitter het – maar dan beswyk met sy bors teen die stroom en met moed in sy siel. As sodanig sal sy persoonlikheid almal wat hom geken het, bly imponeer. Só leef, só sterf 'n man.” Sy boesemvriend, ds. J.D. Kestell, het onder meer gewys op Postma se ywer vir Christelik-nasionale onderwys en hom bestempel as “een zeldzaam verschijnsel in onze tijd van wikken en wegen”, 'n gawe van God aan die Gereformeerde Kerk maar ook aan Suid-Afrika. Hy het sy kollega (hulle was van 1912 tot 1915, toe ds. Postma na Reddersburg vertrek, leraars van Bloemfontein se NG en Gereformeerde gemeente) beskryf as 'n "onverbeterlike optimis" in sy lewensbeskouing wat betref godsdienstige en maatskaplike sake.
83558
Die tabelleermasjien was 'n elektromeganiese masjien wat ontwerp is om inligting te sommeer en later ook om rekeningkunde te doen. Dit is deur Herman Hollerith uitgevind en hy ontvang in 1889 'n patent vir sy ontwerp. Data is op ponskaarte aangebring, wat blitsvinnig deur die masjien gesommeer kon word. Die masjien is vir die eerste keer tydens die Amerikaanse sensus van 1890 gebruik om statistieke te verwerk. Die vorige sensus het sewe jaar geneem en die sensusburo het gevrees dat hierdie volkstelling langer as tien jaar sou duur. Die tabelleermasjien was egter so suksesvol, dat die taak in 'n paar maande afgehandel is. Benewens die spoed het die ponskaarte ook as datastoor gedien en foute is drasties verminder. Die masjien het 'n nuwe era in dataverwerking ingelei en verskeie nuwe ontwerpe en modelle het gevolg. Hollerith het in 1896 die Tabulating Machine Company gestig, wat sy ponskaartleser aan die sakewêreld bekendgestel het. In 1924, na verskeie samesmeltings, het die maatskappy die hedendaagse IBM (International Business Machines) geword. In 1931 bou IBM 'n tabelleermasjien vir die Universiteit van Columbia, wat deur die New York World-koerant as 'n 'superrekenaar' beskryf is.
83588
Die Maputalandoordeelboom (Erythrophleum lasianthum) is 'n middelgroot tot groot boom. Dit kom voor in droë woude - vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot noord van Maputo. Loof Loof en peule Oop peul met sade Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
142270
Clathrina alcatraziensis is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die kalksponse (Calcarea). Die spons leef in die see en sy steenselle bestaan uit kalsiumkarbonaat. Die spons behoort tot die genus Clathrina en tot die familie Clathrinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2007 deur Lanna, Rossi, Cavalcanti, Hajdu & Klautau. Van Soest, R. (2011). Clathrina alcatraziensis Lanna, Rossi, Cavalcanti, Hajdu & Klautau, 2007. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=254435. Hierdie artikel is ’n saadjie.
192958
Chalinula elastica is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Chalinula en tot die familie Chalinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1898 deur Kieschnick. Van Soest, R. (2011). Chalinula elastica (Kieschnick, 1898). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=264853. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
194602
Echinodictyum flabelliforme is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Echinodictyum en tot die familie Raspailiidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1889 deur Keller. Van Soest, R. (2011). Echinodictyum flabelliforme (Keller, 1889). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=167975. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
228538
Abigail Savage (gebore 26 Junie 1984) is 'n Amerikaanse aktrise en komponis. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Half Nelson (2006), Precious (2009), en Compliance (2012), en in die televisiereeks Orange Is the New Black (2013). 2006: Half Nelson 2009: Precious 2010: Jim 2012: Compliance Sick Days 2013: Orange Is the New Black Abigail Savage in die Internet-rolprentdatabasis
228934
Alexis Texas (gebore 25 Mei 1985) is 'n Amerikaanse aktrise en pornoster. 2014: Nurses 2 2014: Cheerleaders 2009: Lexi Belle Official Site 2011: Love Test 2014: An Erotic Tale of Ms. Dracula 2007: Sprung a Leak 3 2007: Buttworx 2007: Rain Coater's Point of View 6 2007: Whatabooty 2 2007: Smothered n' Covered 3 2007: Work It, Work It, Get It, Get It 2007: Naughty College School Girls 42 2007: Plump Round Rumps 2007: Teen Dreams 15 2007: Swallow This 9 2007: My Sister's Hot Friend 8 2007: Tease Me Then Please Me 6 2007: Apple Bottom Snow Bunnies 2007: Need for Seed 2007: Donot Let Daddy Know 2 2007: House of Ass 5 2007: First Offense 22 2007: Hush Girls Vacation Summer Edition 2007: Twisted Vision 6 2007: Big Loves 2 2007: Who's Your Daddy?
235492
Don S. Davis (4 Augustus 1942 – 29 Junie 2008) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Fan (1996) en The Uninvited (2009), en in die televisiereekse Twin Peaks (1990) en Stargate SG-1 (1997). 1996: The Fan 2006: The Still Life 2007: Beneath 2008: Celebrity Art Show 2009: The Uninvited 2010: Woodshop 1990: Twin Peaks 1990: Broken Badges 1991: Monkey House 1997: Stargate SG-1 1989: Top of the Hill 1996: Brothers of the Frontier 1996: The Prisoner of Zenda, Inc. 1997: Volcano: Fire on the Mountain 2001: Hostage Negotiator 2003: Stargate: The Lowdown 2003: G.I. Joe: Spy Troops the Movie 2003: 1st Annual Spaceys 2008: Beyond Loch Ness 1990: Rescue Force 2001: Postcards From The Cast 2003: The Secret Files of the SGC Don S. Davis in die Internet-rolprentdatabasis
274990
Art Supawatt Purdy (gebore 1 September 1974) is 'n Thaise akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Soi Cowboy (2008) en The Mark (2012). 1998: Seua jone phan seua 2008: Soi Cowboy 2012: The Mark 1999: Thai Real TV (Rueng Jing Pan Jor) 2001: Fire of Desire 2016: Thong 10: Gold 10 Art Supawatt Purdy in die Internet-rolprentdatabasis Art Supawatt Purdy op Twitter Art Supawatt Purdy op Facebook Art Supawatt Purdy op Instagram Art Supawatt Purdy op YouTube
274528
Chelasie is 'n tipe binding van ione en molekules aan metaalione. Dit behels die vorming of teenwoordigheid van twee of meer aparte koördinaatbande tussen 'n polidentaat (meervoudig gebind) ligand en 'n enkele sentrale atoom. Hierdie ligande word chelante, chelators, chelaterende middels of sekwestermiddels genoem en is gewoonlik organiese molukules. Chelasie is nuttig in toepassings soos die verskaffing van voedingsaanvullings, in chelaatterapie om giftige metale uit die liggaam te verwyder, as kontrasmiddels in MRI-skandering, in die vervaardiging van homogene katalisators, in chemiese waterbehandeling om metale te verwyder en in kunsmisstowwe . "Chelation". IUPAC (in Engels). 24 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2016. Besoek op 1 Oktober 2019. Hierdie chemie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan die wikipedia help deur dit uit te brei.
298912
Catherine Demongeot (gebore 16 Mei 1950) is 'n Franse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Zazie dans le Métro (1960), Let's Rob the Bank (1964), en Pillaged (1967), en in die televisiereeks Les fables de La Fontaine (1966). 1960: Zazie dans le Métro 1964: Let's Rob the Bank 1967: Pillaged 1966: Les fables de La Fontaine Catherine Demongeot in die Internet-rolprentdatabasis
13209
Die blouwangbyvreter (Merops persicus) is 'n algemene Palearkties-broeiende somertrekvoël wat op vloedvlaktes en aangrensende boomvelde leef. In Engels staan die voël bekend as die Blue-cheeked bee-eater. Die voël is 25 cm groot, saam met die stert is dit 33 cm lank en weeg 40 tot 54 gram. Die voël is effens groter as die olyfbyvreter. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
21843
The Fray is 'n rock musiekgroep vanuit Denver, Colorado, en bestaan uit vier groepslede. Hulle is veral bekend vir hul single Over My Head (Cable Car), wat in die top tien van die Billboard Hot 100 gekom het. Hierdie single was ook 'n treffer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die opvolger, How To Save A Life, had nog meer sukses en besorg hul album met 'n superverkoop van meer as 1,3 miljoen eksemplare. Die gelyknamige album kom so in die top vyftien van die Billboard 200 Album Chart. Die groep is in 2002 gevorm en bestaan uit Isaac Slade (voorsanger en pianis), Joe King (ghitaar en sang), Dave Welsh (ghitaar) en Ben Wysocki (trom en perkussie).Hulle het nie 'n permanente basspelere nie; die laaste basspeler wat saam met hulle op toer was, was Jimmy Stofer. Hulle word gereeld vergelyk met Coldplay, maar hulle sê self dat hulle die meeste beïnvloed is deur musiekgroepe soos U2, Better Than Ezra en Counting Crows. Alhoewel hulle dikwels lirieke sing wat na die Christelike kant klink, ag hulle nie hulself as 'n Christelike groep nie.
24735
Die Hughes H-4 Hercules is 'n prototipe swaarvervoervliegtuig wat deur die Hughes Aircraft-maatskappy ontwerp en gebou is. Die vliegtuig het sy eerste en enigste vlug in 1947 onderneem. As gevolg van hulpbronbeperkings tydens die Tweede Wêreldoorlog, is die vliegtuig uit hout gebou; sy kritici het ook na hom as die "Spruce Goose" ("Spargans") verwys. Die Hercules is die grootste vliegboot wat ooit gebou is en het die grootste vlerkspan en hoogte van enige vliegtuig in die geskiedenis. Die vliegtuig het behoue gebly en word in goeie toestand in die Evergreen Lugvaartmuseum bewaar. Die H-4 is byna geheel en al uit gelamineerde berkehout gebou, met slegs klein hoeveelhede esdoring, populier, balsahout, en sparhout gebou; ten spyte daarvan dat die bynaam op sparhout dui. Die "Duramold"-proses, 'n vorm van samestellingstegnologie, is gebruik in die lamelhoutkonstruksie. Die vliegtuig is as 'n tegnologiese tour de force beskou: die projek het vliegbote ('n tegnologie wat binnekort uitgedien sou wees) byeengebring met 'n kolossale vliegraam wat werklik vindingryke ingenieursinnovasies geverg het.
81951
Hiroaki Morishima (gebore 30 April 1972) is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
80433
Open Vld (Nederlands: Open Vlaamse Liberalen en Democraten) is 'n Vlaamse (België) liberale politieke party. Die huidige voorsitter is Gwendolyn Rutten (2013). Maggie De Block Alexander De Croo Karel de Gucht Jef Valkeniers Guy Van Hengel Guy Verhofstadt Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Open Vld. (en) Parties and Elections in Europe: The database about parliamentary elections and political parties in Europe, by Wolfram Nordsieck (en) Almeida, Dimitri (2012). The Impact of European Integration on Political Parties: Beyond the Permissive Consensus. Routledge. p. 107. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
114477
Wilhelm Friedrich Carl Arndt (8 Junie 1889 – 17 Junie 1951) was hoogleraar in wiskunde en toegepaste wiskunde aan die destydse Grey-universiteitskollege (vandag die Universiteit van die Vrystaat) vanaf 1919 tot met sy dood in 1951. Arndt het in 1905 aan Grey Kollege in Bloemfontein gematrikuleer. Hy het in 1909 'n B.A.-graad van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop ontvang met ’n onderskeiding in wiskunde. ’n Regeringsbeurs vir buitelandse studie is aan hom toegeken. Hy het in Duitsland aan o.a. die universiteite van Halle, Berlyn en Göttingen gestudeer, en in 1916 onder C. Runge gepromoveer. Prof. Arndt het tydens sy loopbaan baanbrekerswerk gedoen om wiskundige terminologie in Afrikaans te skep. Hy het verskeie ampte aan sy alma mater beklee, o.a. Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, ondervoorsitter van die senaat en president van die konvokasie. Hy was ’n gerespekteerde en geliefde persoon op die kampus en dekades na sy dood is daar nog staaltjies oor hom vertel. Sy liefde vir musiek was alom bekend. Hy was orrelis van die Duitse gemeente in Bloemfontein en ook die eerste voorsitter van die Musiekvereniging van die UKOVS.
141887
Rossella nuda is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die glassponse (Hexactinellida). Die spons lewe in die diepsee. Die skelet van die spons bestaan uit spikula van kiesel. Die spons behoort tot die genus Rossella en tot die familie Rossellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1901 deur Topsent. Van Soest, R. (2011). Rossella nuda Topsent, 1901. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=172101. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
195059
Oceanapia pellucida is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Oceanapia en tot die familie Phloeodictyidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1884 deur Ridley. Van Soest, R. (2011). Oceanapia pellucida (Ridley, 1884). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=166983. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
202499
Gelliodes truncata is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Gelliodes en tot die familie Niphatidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1896 deur Kieschnick. Van Soest, R. (2011). Gelliodes truncata. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=166745. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
207803
Kyle Chandler (gebore 17 September 1965) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Super 8 (2011), Argo (2012), en Manchester by the Sea (2016), en in die televisiereeks Friday Night Lights (2006). 1990: The Color of Evening 1992: Pure Country 1999: Angel's Dance 2011: Super 8 2012: Argo 2013: The Spectacular Now 2013: Touchdown Newport 2015: Carol 2016: Manchester by the Sea 2017: The Vanishing of Sidney Hall 2018: First Man 2018: Game Night 2019: Godzilla: King of the Monsters 2020: Godzilla vs. Kong 1991: Homefront 1996: Early Edition 2000: What About Joan 2003: The Lyon's Den 2006: Friday Night Lights 2015: Bloodline 1995: Convict Cowboy 1995: Sleep, Baby, Sleep 2004: Capital City 2005: Lies and the Wives We Tell Them To 2013: The Vatican 2013: A Monsterous Holiday 1998: Target Presents CBS Sneak Peek 2006: The Eighth Blunder of the World 2013: The Naughty List 2013: Zero Dark Thirty: No Small Feat 2013: Zero Dark Thirty: The Compound 2013: Zero Dark Thirty: Geared Up Kyle Chandler in die Internet-rolprentdatabasis Kyle Chandler op Twitter
300251
Carlo Rizzi (19 Julie 1960, Milaan, Italië) is 'n Italiaanse dirigent. Rizzi het musiek studeer aan die Milaan Konservatorium. Hy was later 'n dirigentstudent van Vladimir Delman in Bologna, en Franco Ferrara in Sienna. Sy operadebuut het in 1982 plaasgevind, met Donizetti se L'ajo nell'imbarazzo. In 1985 het hy die eerste Toscanini-dirigentekompetisie in Parma gewen. Rizzi het sy Britse debuut tydens die 1988 Buxton-fees gemaak met Donizetti se Torquato Tasso, en daarna produksies opgevoer in die Royal Opera House, Covent Garden en Opera-North. In Augustus 1992 het hy musiekdirekteur van die Walliese Nasionale Opera (WNO) geword en tot 2001 in die pos gedien. Hy het Wallies leer praat tydens sy ampstermyn daar. In 2004, na die skielike bedanking van Tugan Sokhiev, te wete Rizzi se opvolger by die WNO, het Rizzi teruggekeer as die WNO se musiekdirekteur, wat na verwagting vir 'n aanvanklike termyn van slegs 2 jaar sou wees. Hy het egter tot 2007 in die pos gebly. In 2005 het Rizzi (wat ingetree het vir wyle Marcello Viotti) die Weense Filharmoniese Orkes gedirigeer tydens 'n opvoering van Willy Decker se nuwe produksie van La Traviata tydens die Salzburg-fees.
307199
Die Oribigeelbos (Leucadendron spissifolium subsp. oribinum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal waar dit voorkom vanaf die Oribivlakte tot by Mkambati. Die struik word tot 1.5  hoog en spruit weer uit na 'n brand. Die struik blom van Oktober tot November. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op steil hellings op hoogtes van 300 - 500 m. In Engels staan dit as die Oribi Spear-leaf conebush bekend. Die ander subspesies is: Leucadendron spissifolium subsp. fragrans Leucadendron spissifolium subsp. natalense Leucadendron spissifolium subsp. phillipsii Leucadendron spissifolium subsp. spissifolium Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome http://redlist.sanbi.org/species.php?species=794-134 http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/leucadendron_spissifolium.htm http://pza.sanbi.org/plants/search/advanced?pow_page=genus&name=Leucadendron&title_sort=ASC https://www.proteaatlas.org.za/sle_ld.htm Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oribigeelbos.
292
Die taal Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa in Noord-Sotho) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 4 618 500 mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Noord-Sotho's. Noord-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie en die Bantoetale. Play media Aangesien die Pedigroep die grootste deel uitmaak van die heterogene Noord-Sothogroep, word daar soms na Noord-Sotho verwys as Pedi (Sepedi in Noord-Sotho). In vroeër jare is dit veral deur sendelinge verhef tot skryftaal. Algemene woorde en frases: Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Noord-Sotho Wikipedia Tale in Suid-Afrika "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sotho, Northern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016. (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78 [1][dooie skakel]
2632
Die jaar 1089 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 89ste jaar van die 11de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Godfried van Bouillon word hertog van Neder-Lotaringe (r. 1089-1100). Anselmus volg Lafranc op as aartsbiskop van Kantelberg.
5416
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roemene. Roemeens (română, limba română [ˈlimba roˈmɨnə] luister (hulp·inligting), soms ook Dakoroemeens genoem) maak deel uit van die ondergroep van die Balkanromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die meerderheids- en ampstaal van Roemenië en Moldowa. In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word. Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkse tale, Nieu-Grieks, Albanees, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is;
54244
Maasgouw (Limburgs: Maasgoew) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, geleë aan weerskante van die Maas-rivier en wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 24 000 inwoners (2019) en 'n oppervlakte van 58 km². Maasgouw is in 2007 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Heel, Maasbracht en Thorn. Die eerste twee is die administratiewe setels van die munisipaliteit. Heel herberg die munisipale bestuur, maar die amptenary is verdeel tussen Heel en Maasbracht. Plekke in die munisipale gebied van Maasgouw: Beegden, Brachterbeek, Heel, Linne, Maasbracht, Ohé en Laak, Panheel, Stevensweert, Thorn en Wessem. (nl) Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
72358
Die Witkoningvis (Pseudocaranx dentex) is 'n vis wat voorkom in die nie-tropiese gedeeltes van die Middellandse See, Atlantiese Oseaan, die Indiese-Pasifiese oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts vanaf Durban. In Engels staan die vis bekend as die White kingfish of White trevally. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies Pseudocaranx dentex op FishBase. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
3361
Die jaar 476 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 5de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 4 September – Keiser Romulus Augustus word gedwing om afstand van die troon te doen. Dis die einde van die Wes-Romeinse Ryk. Odoaker noem homself koning van die Germane in Italië en erken Zeno van Bisantium as die enigste keiser van 'n nominale verenigde keiserryk. Onbekend – Aryabhata, die eerste van die groot Indiese wiskundiges-sterrekundiges van die klassieke tydperk († 550).
48073
Cornelis Gerrit (Kees) van der Staaij (gebore 12 September 1968 in Vlaardingen) is 'n Nederlandse juris en politikus. Van der Staaij het regte aan die Universiteit Leiden gestudeer en is lid van die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP). Daarvoor was hy werksaam by die Raad van State, die belangrikste Buro vir Advies van die koning en sy ministers in Nederland. Sedert 19 Mei 1998 is hy 'n lid van die Tweede Kamer. Sedert 27 Maart 2010 is hy partyleier en sedert 10 Mei 2010 ook parlemêntere verteenwoordiger. Kees van der Staaij is getroud en het twee aangenome kinders. Hy is 'n lid van die Oud Gereformeerde Gemeenten in Nederland en woon in Benthuizen. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kees van der Staaij. (nl) www.parlement.com (nl) Kees van der Staaij, Tweede Kamer der Staten-Generaal Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
52267
'n Minnares is 'n man se buite-egtelike vroulike minnaar en metgesel wat nie met hom in die eg verbind is nie. Die term word veral gebruik as man met 'n ander vrou getroud is. So 'n verhouding is oor die algemeen stabiel en ten minste semi-permanent; hoewel die paartjie nie openlik saam leef nie. Die verhouding word gewoonlik, maar nie altyd nie, geheim gehou. Die man betaal gewoonlik ook ('n deel van) die vrou se lewenskostes. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
69391
Die Slankrooivlerkie (Pseudobarbus tenuis) is 'n varswatervis wat endemies is aan die bergsytakke van die Gourits- en Keurboomsrivier in die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Slender redfin. Die vis het 'n slanke lyf met die kop wat langer is as wat dit breed is en daar is een paar baarde om die mond. Die mannetjies het tuberkels op die kop. Die vis is olyfbruin en is silwer aan die onderkant en laer gedeelte van die sye. Daar is 'n donker steep in die middel van die sye. Die vis word tot 80 mm lank. Die vis leef in poele in helder, vloeiende bergstrome. Hulle vreet alge, detritus, ongewerweldes en ander organismes wat op die bodem leef. Hulle broei in die somer. Die vis is bedreig. Visbevolkings word bedreig deur wateronttrekking en deur uitheemse spesies soos baars en forel. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1 Smith A. 1838-1847. Pisces.
77923
Die vlag van die Pitcairneilande, ’n Britse oorsese gebied is op 2 April 1984 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die wapen van die eiland op die wapperkant. Hoewel die Pitcairneilande sedert Desember 1970 ’n onafhanklik beheerde grondgebied is, het hulle toe nog nie ’n vlag gehad nie. In Desember 1980 het die Eilandsraad van Pitcairn ’n vlagontwerp aanvaar vir hul toekomstige vlag. Die vlag is op 2 April 1984 amptelik deur koningin Elizabeth II erken en is vir die eerste keer in Mei van daardie jaar op die eilande vertoon. Vlag van die Goewerneur van die Pitcairneilande (en) Pitcairn by Flags of the World. "Pitcairn" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2018. Besoek op 3 Julie 2013.
96481
Steggies is ’n tegniek wat gebruik word vir die vegetatiewe (aseksuele) voortplanting van plante. ’n Deel van die stingel, wortels of blare word afgesny en in ’n geskikte medium geplaas, soos klam grond, ’n potmengsel of minerale wol. Die steggie groei dan nuwe wortels, stamme, of albei en dit word 'n nuwe plant wat onafhanklik van die moederplant is. Om ’n steggie te maak, word ’n klein deel van die moederplant verwyder. Hierdie steggie word dan as ’n individuele plant gegroei. Aangesien die meeste steggies nie ’n eie wortelstelsel het nie, sal hulle waarskynlik van droogte doodgaan as hulle nie nat genoeg gehou word nie. Hulle het ’n nat groeimedium nodig, maar ook nie so nat dat die steggie vrot nie. Die omgewing moet vogtig wees (dit beteken gewoonlik die steggie moet onder ’n plastiekvel of in ’n ander ingeslote ruimte geplaas word waar die lug vogtig gehou kan word). Daar moet ook gedeeltelike skadu wees. Nadat die steggie in die groeimedium geplaas is, moet dit goed natgemaak word met ’n fyn mis.
96511
'n V20-enjin is 'n V-enjin met 20 silinders. Enjins van hierdie aantal silinders is nie algemeen in motorvoertuie nie, maar hierdie konfigurasie word in sommige diesel lokomotiewe gebruik. Byvoorbeeld, is die 1960 EMD SD45 diesel-elektriese lokomotief toegerus met 'n 20-silinder EMD 645E3 tweeslagenjin. Die enjinnaam is gebaseer op die verplasing van elke silinder in kubieke duim. In hierdie geval, dit is 645 kubieke duim (10.6 L) vir elk van die 20 silinders vir 'n totaal van 211 L. Kraglewering is 3600 perdekrag (2.7 MW), netto vir traksie, met die maksimum brutokraglewering nader aan 5000 pk wanneer bedryf in self-toets, met die gegenereerde uitset deur resistors verbruik. EMD het 'n opgegradeerde / spesiale weergawe van SD45 later geproduseer, EMD SD45-2 en EMD SD45T-2, steeds aangedryf deur die 20-silinder EMD 645E3, maar EMD SD45-2 het 'n paar veranderinge aan die agterkant van die lokomotief se lang enjinkap, terwyl EMD SD45T -2 het 'n lokomotief verkoeling stelsel veranderinge, wat bekend staan as "tonnelmotor". 20-silinder 710-reeks diesel enjin is ook gebou vir die EMD SD80MAC lokomotief.
121483
Johannes Daniel Powell (28 Junie 1978 - ), meer bekend as Neil, is 'n voormalige Suid-Afrikaanse sewesrugbyspeler (Blitsbokke) en tans afrigter van die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan. Hy rig die sewesspan reeds van 2013 af. Hy is die enigste persoon wat die Sewes Wêreldreekstitel as speler en afrigter gewen het. Neil Powell by SARugby.co.za Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
137685
Die Gevorderde Versleutelingstandaard ("Advanced Encryption Standard" of AES), oorspronklik genoem Rijndael, is 'n spesifikasie vir die versleuteling van elektroniese data. Dit is deur die Amerikaanse Nasionale Instituut van Standaarde en Tegnologie (NIST) in 2001 voorgelê. Dit is saamgestel uit 'n deel van die Rijndael-bloksyfer wat ontwikkel is deur twee Belgiese kriptograwe, Vincent Rijmen en Joan Daemen. Hulle het dit tydens NIST se seleksieproses vir die standaard voorgestel. Rijndael is 'n familie van bloksyfers met verskillende sleutel- en blokgroottes. Vir AES het NIST drie Rijndael-bloksyfers gekies, elk bestaande uit 128 bisse, maar met verskillende sleutelgroottes: 128, 192 en 256 bisse. Bloksyfer Wereldrekenaar Netwerk kriptering Rijndael sleutelskedule Rijndael S-greep "Rijndael" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 9 Maart 2015. Announcing the ADVANCED ENCRYPTION STANDARD (AES). United States National Institute of Standards and Technology (NIST) (November 26, 2001). URL besoek op October 2, 2012. Daemen, Joan; Rijmen, Vincent (Maart 9, 2003). "AES Proposal: Rijndael" (PDF).
194427
Dragmacidon halichondroides is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Dragmacidon en tot die familie Axinellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1898 deur Thiele. Van Soest, R. (2011). Dragmacidon halichondroides (Thiele, 1898). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=416223. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
17347
Hierdie artikel handel oor die dorpie in Suid-Afrika. Vir die Duitse stad, sien gerus Wuppertal. Wupperthal (ook Wuppertal) is 'n historiese dorpie met sowat 4 000 inwoners in die Cederberg munisipaliteit, distrik Weskus. Dit is geleë in 'n dal van die Sederberg in die Wes-Kaap, omtrent 250 kilometer noordoos van Kaapstad en 72 km suidoos van Clanwilliam. Die dorp is in 1829 deur die Rheinischen Missionsgesellschaft deur Johann Gottfried Leipoldt gestig en genoem na die vallei of dal ("Thal") van die Wupper in Barmen, Duitsland. Hy skryf in sy dagboek oor die naamgewing: „Wir haben den Namen Riedmond in Wupperthal verwandelt zum Andenken an unser liebes deutsches Wuppertal.“ (Sowat eenhonderd jaar later verenig die Duitse dorpe Barmen en Elberfeld, sedert 1929 dra hulle die naam Wuppertal.) Die twee sendelinge het die nedersetting met sewe khoikhoi gesinne gevestig en op hulle geestelik opheffing gefokus en boerdery aangemoedig. Die bevolking het gestyg kort nadat slawerny in 1838 afgeskaf is en baie bevryde slawe van nabygeleë plase daar aangekom het.
27109
Uppsala [ɵpˈsɑːla] is 'n stad in die huidige Sweedse provinsie Uppsala län en die historiese provinsie (Sweeds: landskap) Uppland. Uppsala dien as die administratiewe hoofstad van sowel die provinsie asook die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun). Uppsala is ten opsigte van sy bevolking die vierde grootste stad in die land na Stockholm, Göteborg en Malmö en is in administratiewe opsig in sewe stadsdistrikte verdeel. Uppsala staan veral bekend vir sy universiteit, die Universiteit van Uppsala wat in 1477 as die twee tersiêre instelling in Skandinawië na die destydse Deense Lund (1425) (later Lund Universiteit) gestig is. Uppsala was sedert die Wiking-tydperk die koninklike hoofstad, 'n belangrike markstad en vergaderplek (as stad waar die ting gehou is) en die geestelike sentrum van Swede. Die heidense tempel van Ou-Uppsala het as die religieuse sentrum van die Sweedse stamme gedien en is in 1070 deur die Duitse geskiedskrywer Adam van Bremen as 'n pragtige gebou beskryf. Die tempel was oor 'n lang tydperk ook die middelpunt van die weerstandsbeweging teen die kerstening van die land.
25273
Barokmusiek is 'n vorm van Westerse klassieke musiek wat tydens die barokperiode ontstaan het. As 'n styl was dit die opvolger van die Renaissancemusiek. Die periode waarin meestal barokmusiek gekomponeer is, word tussen ca. 1600 (die opkoms van die monodie, onder andere deur Claudio Monteverdi) en 1750, die sterfjaar van Johann Sebastian Bach, geskat. Jacob Burckhardt het in 1855 vir die eerste keer die term "barok" gebruik om 'n bepaalde stylperiode in die kunste aan te dui. 'n Ruime halwe eeu later het Alois Riegl die stylkenmerke verder in sy boek Die Entstehung der Barockkunst in Rom uitgewerk. Die barokmusiek kon in die besonder deur die bloeiende musiekkultuur aan die diverse Europese vorstehowe gedy.
39601
Banten (vroeër in Nederlands Bantam) is 'n stad in die provinsie Banten in Indonesië. Banten is die ou hoofstad van die sultanaat; Serang is nou die administratiewe hoofstad van die nuwe provinsie. Tot 2000 lê Banten in die provinsie Wes-Java. Bantam was 'n belangrike handelsentrum tot in 1600. Batavia het vinnig die belangrikste stad geword. Die stad het reste van die paleis Surosowan, paleis Kaibon, moskee Agung Banten, fort Speelwijk en die Sjinese tempel Avalokiteshvara.
79753
Die Kaapse glasogie (Zosterops virens) is 'n algemene spesie van standvoël wat in boomveld, woude, ruigtes, plantasies en tuine in Suider-Afrika voorkom. Die voël is 11 sentimeter groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape White-eye. Die Gariepglasogie (Z. pallidus) is voorheen as dieselfde spesie as Z. virens beskou, maar word nou as 'n aparte spesie geag. Daar is twee subspesies: Z. v. capensis – suidwestelike Suid-Afrika en Lesotho en aangrensende westelike KwaZulu-Natal Z. v. virens – oostelike en suidoostelike Botswana, oostelike en noordelike Suid-Afrika, en Eswatini en aangrensende suidwestelike Mosambiek Die subspesies hibridiseer wanneer hulle in kontak met mekaar kom. Van die streeksname vir die voël sluit in: meelogie, kersogie, ringogie en piet-la-pok. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
99331
Die Eskimo-newel (ook bekend as NGC 2392 en die Hanswors-newel) is ’n simmetriese planetêre newel wat in 1787 deur die sterrekundige William Herschel ontdek is. Dit lyk soos ’n mensgesig omring deur ’n Eskimomus. Die newel word omring deur gas wat die buitenste lae van ’n sonagtige ster uitgemaak het. Die sigbare binneste filamente word deur ’n sterk sterwind weggedryf. Die buitenste skyf bevat ongewone filamente van ’n ligjaar lank. NGC 2392 is meer as 2 870 ligjare van die Aarde af en is in die sterrebeeld Tweeling deur ’n klein teleskoop sigbaar. Die newel is op 17 Januarie 1787 in Engeland deur William Herschel ontdek. Hy het dit beskryf as ’n "ster met magnitude 9 en ’n redelik helder binnekant, en ’n newelagtigheid wat eweredig daaromheen versprei is. ’n Werklik uitsonderlike verskynsel." "SIMBAD Astronomical Database". Results for Eskimo Nebula (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2019. Besoek op 22 Desember 2006. O'dell, C. R.; Balick, B.; Hajian, A. R.; Henney, W. J.; et al.
101095
Jeanette (Jeanne) Helena Goosen (13 Julie 1938 – 3 Junie 2020) was 'n veelsydige Suid-Afrikaanse skrywer wat in Parow, Kaapstad, gebore is. Sy het verskeie beroepe gevolg, onder meer as radiografis, boer, visser en ook joernalis by Afrikaanse dagblaaie soos Oggendblad, Hoofstad en Die Transvaler. Sy het ook vir die Natalse blad Tempo gewerk. Sy het aan die Hoërskool Parow gematrikuleer en het daarna radiografie aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Van haar bekendste werke is ’n Uil vlieg weg, Ons is nie almal so nie, Wie is Jan Hoender?, die kortstorie ’n Kat in die sak, die toneelstuk Kombuis-blues en ook kabaretstukke. Haar eerste werk, die poësiebundel ’n Uil vlieg weg, is reeds in 1971 gepubliseer. Haar boek Ons is nie almal so nie het die CNA-, Rapport- en M-Net-prys verower. Jeanette Helena Goosen is op 13 Julie 1938 in Parow gebore as die middelste van drie kinders, en word ook daar groot. Haar pa was ’n tekenaar by die spoorweë en haar ma ’n huisvrou.
109531
Enrique Peña Nieto (Spaans: [enˈrike ˈpeɲa ˈnjeto], luister (hulp·inligting); * 20 Julie 1966 in Atlacomulco, Meksiko) het tussen 1 Desember 2012 en 30 November 2018 as 57ste president van Meksiko gedien. Dit is aanbeveel deur die Pan-Amerikaanse Universiteit en Meestersgraad in Besigheidsadministrasie van die Instituto Tecnología de Estudios Superiores. Hy is 'n lid van die Institusionele Revolusionêre Party sedert 1984. Voor die presidensie, het hy gedien as 'n finansiële assistent koördineerder van die veldtog van Arturo Montiel; private sekretaris van die hoof van die Ministerie van Ekonomiese Ontwikkeling van die staat regering van Meksiko; Sekretaris van die administrasie van die staat regering van Meksiko; plaaslike adjunk vir die XIII distrik in die Staat van Meksiko se kongres is die koördineerder van die parlementêre faksie van die Institusionele Revolusionêre Party. Tussen 2005 en 2011 was hy as goewerneur van die staat van Meksiko waarna hy hardloop vir die presidentskap van Meksiko in die federale verkiesing van 2012 deur die Meksiko verbintenis verkiesings alliansie groepering die Institusionele Revolusionêre Party en die ekoloog Groen Party van Meksiko. Hy is verkies en bekragtig deur die Federale Verkiesingskommissie Tribunaal op 29 Augustus 2012, ná die uitdaging aangebied.
121177
In die mediese vakterminologie verwys diagnostiek (Grieks "gnosis", kennis) na die leer van die ondersoekmetodes en van die betekenis van die ondersoek se resultate. Diagnose is die identifisering van die aard en oorsaak van 'n sekere verskynsel. Diagnose word in baie verskillende dissiplines gebruik, met variasies in die gebruik van logika, analise en ervaring om kousaliteit te bepaal. In stelselingenieurswese en rekenaarwetenskap word dit tipies gebruik om die oorsake van simptome, versagtings en oplossings te bepaal. Mediese diagnose "A Guide to Fault Detection and Diagnosis" (in Engels). gregstanleyandassociates.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2019. Besoek op 16 Mei 2020. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
126199
Sir George Ivan "Van" Morrison, OBE (* 31 Augustus 1945 in Belfast, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk) is 'n Noord-Ierse sanger, musikant, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Vir sy musikale prestasies, sy bydraes tot die toerismebedryf en sy bevordering van weldadigheidsorganisasies in Noord-Ierland is Van Morrison in 2016 tot ridder geslaan. Morrison, wat ook as "Van the Man" bekendstaan, het sy loopbaan reeds as tienerseun in die 1950's begin toe hy 'n verskeidenheid instrumente soos kitaar, harmonika, klawerbord en saxofoon vir verskeie Ierse musiekgroepe gespeel het wat destyds gewilde treffers opgevoer het. Teen die middel van die sestigerjare het Morrison bekendheid verwerf as hoofsanger van die Noord-Ierse rhythm & blues-groep Them. Een van hul liedjies, Gloria, het 'n klassieke pop-treffer geword. Sy solo-loopbaan het begin met sy samewerking met Bert Berns, 'n Amerikaanse liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Uit die samewerking het in 1967 die enkelsnittreffer Brown Eyed Girl voortgespring. Ná Berns se ontydige afsterwe - hy is op 30 Desember 1967 op die ouderdom van 38 aan hartversaking dood - het die platemaatskappy Warner Bros.
193305
壬戌 Die Waterhond (壬戌, rénxū) is die 59ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die negende Hemelstam (壬, rén) – die element Water en Jang – met die 11de Aardtak (戌, xū), gesimboliseer deur die Hond (狗, gǒu). Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterhondjaar het in 1982 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 25 Januarie 1982 tot 12 Februarie 1983. Die volgende jare is Waterhondjare: Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
191865
Acarnidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Acanthorhabdus (Burton, 1929) Acarnus (Gray, 1867) Acheliderma (Topsent, 1892) Cornulella (Dendy, 1922) Cornulum (Carter, 1876) Damiria (Keller, 1891) Dolichacantha (Hentschel, 1914) Iophon (Gray, 1867) Megaciella (Hallmann, 1920) Paracornulum (Hallmann, 1920) Tedaniphorbas (De Laubenfels, 1936) Wigginsia (De Laubenfels, 1953) Zyzzya (De Laubenfels, 1936)
195645
Vonguzana is 'n nedersetting in die Vulamehlo Plaaslike Munisipaliteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. "Hoofplek Vonguzana". Sensus 2011.
11875
Bauhaus is 'n moderne styl van argitektuur en ontwerp wat oorspronklik in die 1920’s en 1930’s aan die Bauhaus-skool in Duitsland onderrig is. Bauhaus-geboue is bekend daarvoor dat hulle eenvoudig en funksioneel is en van staal en beton gebou word. Dié styl het ’n groot invloed op vele moderne argitekte en kunstenaars gehad. Die Bauhaus-geboue in Dessau-Roßlau en Weimar is in 1996 deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys en die ADGB-skool in Bernau bei Berlin, 'n vakbondskool wat tot die Bauhaus behoort, is in 2017 by die wêrelderfenisgebied ingesluit. Die Staatliche Bauhaus Weimar, afgekort Bauhaus, is in 1919 deur die Duitse argitek Walter Gropius as 'n kunsskool in Weimar (Thüringen) gestig. Gropius se konsep van 'n skool wat teorie en praktyk sou verenig en waar kunstenaars en ambagsmanne sou begin saamwerk om 'n nuwe kunsrigting onder die leiding van die argitektuur te skep was destyds ongekend. Die benaming Bauhaus is opsetlik gekies en verwys na die middeleeuse bouhutte of gildes van bouwerkers en steenhouers onder leiding van 'n meester.
25813
Die Nederlandse nasionale rugbyspan is ’n nasionale sportspan wat Nederland in internasionale rugby verteenwoordig. Die span het vir die eerste keer in 1930 teen België gespeel. Rugby in Nederland word geadministreer deur die Nederlandse Rugbybond. Die Nederlandse rugbyspan is tans (22 Januarie 2020) 25ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Nederland het hulle eerste internasionale rugbywedstryd op 1 Julie 1930 teen België gespeel. België kon dié wedstryd met 6–0 wen. Nederland het weer teen België gespeel, asook teen Duitsland en Roemenië. In die 1940’s het die span gereeld teen België en Duitsland gespeel. In die 1960’s het die span gereeld teen Wes-Duitsland gespeel. Die span het in dié dekade ook teen Pole, Swede, Spanje en Tsjeggo-Slowakye gespeel. In die 1970’s het die span ook wedstryde teen Italië gespeel. Die span het ’n aantal wedstryde gewen tussen 1984 en 1987. Nederland speel tans in die Europese Nasiesbeker. Nederland kon tot dusver nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker te kwalifiseer nie. Die eerste deelname aan die kwalifisering was vir die Rugbywêreldbeker 1991, waarin hulle die finale fase van die Europese kwalifikasie kon behaal, maar hulle het op die vierde plek geëindig nadat Nederland al sy drie wedstryde verloor het.
36949
Hierdie artikel handel oor die Britse stad. Vir die gelyknamige stede en dorpe, sien gerus Plymouth (dubbelsinnig). Plymouth (Kornies: Aberplymm) is 'n stad in die suidweste van Engeland (in die Verenigde Koninkryk), in die graafskap van Devon maar die stad grens ook aan Cornwall (of Cornwallis). Die stad het 'n bevolking van 250 700 in 2007 gehad. Daar is 21 plekke in die Verenigde State van Amerika wat na Plymouth genoem is. Plymouth is die grootste nedersetting langs die suidkus van Engeland. Brest, Frankryk (1963) Gdynia, Pole (1976) San Sebastián, Spanje (1990) Noworossisk, Rusland (1990) Plymouth, Massachusetts, VSA (2001) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
32263
Iowa (Engels: State of Iowa) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 3,2 miljoen. In 1846 is Iowa as die 29ste deelstaat tot die Unie toegelaat. Sy hoofstad en grootste stad is Des Moines. Dit word in die noorde deur Minnesota, in die ooste deur Wisconsin en Illinois, in die suide deur Missouri, en in die weste deur Suid-Dakota en Nebraska begrens. Iowa se byname is The Hawkeye State en The Tall Corn State. Toerisme Travel Iowa Geskiedenis State Historical Society of Iowa Fotoverslae The Guardian, 26 Augustus 2020: The Guardian picture essay - Iowa's farmers count the cost of a rare storm – photo essay Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
36121
Dealesville is 'n dorp tussen Bloemfontein en Boshof in die Vrystaat, in Suid-Afrika. Dit het sowat 20 jaar geneem om Dealesville te stig. Die rede was dat daar aanvanklik nie grond beskikbaar was nie. Dealesville was uiteindelik op die plaas Klipfontein, in besit van John Henry Deale, gestig. Die dorp is op 20 Julie 1899 geproklameer en het in 1914 'n munisipaliteit geword. Daar is baie soutpanne in die distrik. Die Baden-Baden-mineraalbronne is sowat 15 km vanaf Dealesville. Die dorp is die kommersiële sentrum vir 'n gebied van gemengde boerdery. Lys van dorpe in Suid-Afrika Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4. Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. "Hoofplek Dealesville". Sensus 2011. "Routes.co.za". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2009. Besoek op 5 Desember 2009.
57007
Ignaz Philipp Semmelweis (ook soms geskryf Hongaars Semmelweis Ignác Fülöp, 1 Julie 1818 – 13 Augustus 1865) was ’n Hongaarse arts wat bekend is as ’n pionier van antiseptiese prosedures. Hy is beskryf as die “redder van moeders” nadat hy ontdek het dat die voorkoms van kraamkoors drasties verminder kan word deur die hande te ontsmet in verloskundige klinieke. Kraamkoors was algemeen in hospitale in die middel 19de-eeu en dikwels dodelik met ’n mortaliteitskoers van 10 tot 35%. Semmelweis het die teorie van handewas met gechloreerde kalkoplossings voorgeskryf in 1847 terwyl hy in die Wene Algemene Hospitaal se Eerste Verloskundige Kliniek gewerk het waar dokters se afdeling drie keer die mortaliteit van vroedvroue gehad het. Hy het die boek Etiologie, Konsep en Voorkoming van Kraamkoors uitgegee met sy bevindinge daarin vervat. Ten spyte van verskeie uitgawes van resultate waar handwassery mortaliteit tot onder 1% verminder het, het Semmelweis se waarnemings gebots met die bestaande wetenskaplike en mediese opinies van die tyd en sy idees is deur die mediese gemeenskap verwerp. Party dokters het aanstoot geneem oor die suggestie dat hulle hulle hande moet was en Semmelweis kon geen aanvaarbare wetenskaplike verklaring vir sy bevindinge verskaf nie.
49051
Incubus is 'n Amerikaanse rockgroep uit Calabasas, Los Angeles County, Kalifornië. Die groep is in 1991 deur hoërskoolleerlinge Brandon Boyd (voorsanger), Mike Einziger (kitaarspeler) en Jose Pasillas (tromspeler) gevorm. Die groep het later uitgebrei deur baskitaarspeler Alex Katunich en Gavin Koppell in te sluit, wat later deur onderskeidelik baskitaarspeler Ben Kenney en DJ Kilmore vervang is. Incubus is krities sowel as kommersieel suksesvol: hul verkope het al multiplatinumstatus bereik en hulle het al talle hoogs suksesvolle enkelspelers uitgereik. Die groep se kreatiewe vertakking het hulle in 1999 met die album Make Yourself hoofstroomerkenning besorg. 2001 word die groep geweldig suksesvol met die enkelspeler "Drive" en die daaropvolgende album Morning View. Hul album Light Grenades het in 2006 op #1 gedebuteer en het goudstatus in die VSA behaal. Incubus se eerste grootste treffers-album Monuments and Melodies is in Junie 2009 vrygestel in begeleiding van 'n musiektoer deur die VSA en Kanada. Fungus Amongus (1995) S.C.I.E.N.C.E. (1997) Make Yourself (1999) Morning View (2001) A Crow Left of the Murder...
56425
Hartbeesfontein is 'n dorpie in Noordwes, Suid-Afrika. Die dorp is 30 km noordwes van Klerksdorp op die Klerksdorp-Ottosdal-takspoorlyn. Die is twee stories oor hoe die dorp sy naam verkry het, beide uit die Voortrekkerdae. Volgens een storie het twee manne met die dieselfde van nl. De Clerq gaan jag, 'n hartbees gekwes en dit dood by 'n fontein gevind wat hulle toe Hartbeesfontein genoem het. Volgens die tweede storie het die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter sommige van sy mense hier agtergelaat om 'n strafekspedisie teen Silkaats te lei. Een van die manne was toe verveeld en het gaan jag. Hy het 'n hartbees gekwes, dit agterna gesit en op 'n borrelende fontein afgekom. Na die veldtog het hy teruggekeer na die gebied en 'n plaas verkry wat hy toe Hartbeesfontein noem. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hier op 18 Februarie 1901 'n geveg plaasgevind tussen 'n Boerekommando en lord Paul Methuen. Die plaas het verskeie kere van eienaar verwissel. Uiteindelik het die eienaar HF Moller die grond onderverdeel vir 'n dorp wat in 1955 geproklameer is. Mielies, grondbone en sonneblomsaad is van die belangrikste gewasse wat in die distrik verbou word.
62551
'n Elektrisiën is 'n beroep. Die uitoefening van die beroep behels die aanlê en ondersteuning van die infrastruktuur wat nodig is vir die voorsiening van elektrisiteit. Daar is twee soorte elektrisiëns: lae spanning en hoog spanning elektrisiëns. Van 0 tot 1000 volts word as lae spanning geklassifiseer (huishoudelike toestelle, ligte en huise se bedrading), terwyl 1000 tot 288 000 volts as hoogspanning geklassifiseer word (masjinerie in fabrieke en kragdrade). Die werk van 'n elektrisiën kan gevaarlik wees en spesiale maatreëls en deeglikheid word vereis om veilige werksomstandighede te verseker. Die ure kan ongereeld wees omrede onderhoud en nood-herstelwerk in die nag, oor naweke of openbare vakansiedae gedoen word. Die beroep word oorwegend deur mans beoefen, hoewel vrouens dit ook soms aanpak. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elektrisiën. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir elektrisiën. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
74677
Die swak wisselwerking of swak kernkrag is in fisika en deeltjiefisika een van die vier basiese natuurkragte. Die ander is die elektromagnetiese wisselwerking, sterk wisselwerking en swaartekrag. Die swak wisselwerking is verantwoordelik vir die radioaktiewe verval van subatomiese deeltjies en sit die proses bekend as waterstoffusie in sterre aan die gang. Dit beïnvloed alle bekende fermione, dus deeltjies met ’n halftallige spin. In die Standaardmodel van deeltjiefisika word die swak wisselwerking teories veroorsaak deur die uitruil (dus emissie of absorpsie) van W- en Z-bosone. As sulks word dit beskou as ’n niekontakkrag, nes die ander drie kragte. Dit word "swak" genoem omdat die tipiese veldsterkte daarvan verskeie ordes van magnitude minder is as dié van beide elektromagnetisme en die sterk wisselwerking. Dit vind net op baie klein, subatomiese afstande plaas, minder as die deursnee van ’n proton. Die meeste deeltjies sal mettertyd deur ’n swak wisselwerking verval. Die Standaardmodel verskaf ’n eenvormige raamwerk om die elektromagnetiese, swak en sterk wisselwerking te verstaan. ’n Wisselwerking vind plaas wanneer twee deeltjies, gewoonlik maar nie altyd nie fermione met ’n halftallige spin, kragdraende bosone met ’n voltallige spin uitruil.
105025
Maranzhe is 'n nedersetting in die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit van Vhembe-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Maranzhe". Sensus 2011.
110593
Die Silwertiphaai (Carcharhinus albimarginatus) is 'n haai wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Mosambiek tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die haai bekend as die Silvertip shark. Die haai word tot 3m lank. Die haai is lank en slank en donkergrys tot brons. Die snoet is lank en rond. Die onderkant van die haai is lig. Die eerste dorsale-, pektorale- en stertvinne se punte en agterkante se rante is wit. Hulle leef in diep afgronde en aflandige banke. Hulle kan ook voorkom in diep strandmere of kanale in water wat tot 800m diep is. Hulle is alleenlopers en kan ook in klein groepies voorkom. Die haaie vreet bodem en medium diepte visse. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies http://www.fishbase.org/summary/SpeciesSummary.php?ID=858&genusname=Carcharhinus&speciesname=albimarginatus&AT=Carcharhinus+albimarginatus&lang=English The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3 Blainville H. de 1816. Prodrome d'une nouvelle distribution systématique du règne animal.
121525
Aragoniet is 'n mineraal wat naas kalsiet een van die vorme van kalsiumkarbonaat is. Aragoniet is metastabiel by normale temperatuur en druk. Dit word stabiel onder hoë druk en lae temperatuur. Indien aragoniet tot 400 °C verhit word, gaan dit oor in die stabieler kalsietvorm. Hoewel dit 'n metabiele vorm is, bestaan die meeste skulpe van tweekleppiges en korale uit aragoniet. Pêrels bestaan ook hoofsaaklik uit aragoniet. Aragoniet en kalsiet kan altwee as neerslag uit seewater gevorm word wat oorversadig met karbonaatione is. Die spoed waarmee dit gevorm word hang van die temperatuur en die teenwoordigheid van magnesiumione af. By lae temperature word veral kalsiet gevorm. Aragoniet is die argetipe van die G0₂-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie. Dit het 'n ortorombiese eenheidsel en in hierdie ortorombiese sel word die atome op hierdie posisies aangetref: Ca op ¼, 0,4151, 0,2403 C op ¼, 0,7627, 0,085 O op ¼, 0,9231, 0.0952 O op 0,4729, 0,6801, 0,087 "mindat 307" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. "galleries.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019.
124903
Die amnion is 'n membraan wat die pas-gevormde embrio bedek. Dit pas aanvanklik styf om die embrio, maar word later met amniotiese vloeistof gevul, wat veroorsaak dat die amnion swel, en die amniotiese sak vorm. Die amniotiese sak, saam met die chorion, die dooiersak en die allantois, vorm 'n beskermende sak rondom die embrio. By voëls, reptiele en sommige soogdiere, is die beskermende sak ingesluit in 'n dop, maar by die meeste soogdiere ontwikkel dit in die baarmoeder. Die woord amnion is afgelei van die Antieke Griekse ἀμνίον - "lammetjie", die verkleiningsvorm van ἀμνός - "lam". Die amnion is 'n kenmerk van die amniota, 'n onderverdeling van die werweldiere wat die reptiele, voëls en soogdiere insluit, maar nie amfibieë en visse nie. Die amnion spruit uit die ekstra-embrioniese somatiese mesoderm aan die buitekant en die ekstra-embrioniese ektoderm aan die binnekant. In die menslike embrio, is die vroegste stadiums van die amnion se vorming nog nie waargeneem nie; in die jongste embrio wat bestudeer is, was die amnion reeds teenwoordig as 'n geslote sak, en verskyn in die binneste sel-massa as 'n holte.
126331
Rho Ophiuchi (ρ Ophiuchi) is ’n veelvoudige ster in die sterrebeeld Slangdraer (Ophiuchus). Die sentrale stelsel van die kompleks het ’n skynbare magnitude van 4,63. Gebaseer op die sentrale stelsel se parallaks is dit sowat 360 ligjare (110 parsek) van die Son af. Die ander sterre in die stelsel is effens verder geleë. Die middelste twee sterre is bekend as Rho Ophiuchi AB. Dit bestaan uit minstens twee blou subreuse of hoofreekssterre, onderskeidelik Rho Ophiuchi A en B. Rho Ophiuchi AB is ’n visuele dubbelster en is skynbaar 3,1″ van mekaar af, wat ooreenstem met minstens 344 astronomiese eenhede (AE). Die sterre is in werklikheid verder van mekaar af en hulle vat sowat 2 400 jaar om om mekaar te wentel. Verskeie ander sterre is naby Rho Ophiuchi AB geleë. HD 147932 is sowat 2,5 boogminute van daar (minstens 17 000 AE) en is bekend as Rho Ophiuchi C. HD 147888 is 2,82 boogminute weg (minstens 19 000 AE) en is bekend as Rho Ophiuchi DE. Sterre C en D is albei B-tipe hoofreekssterre, en D is self ’n dubbelster met ’n wentelperiode van sowat 680 jaar.
126481
Stefi Baum (11 Desember 1958 - ) gebore in Chicago, Illinois, is 'n Amerikaanse sterrekundige. Die Amerikaanse Sterrekundige Vereniging het haar werk vereer deur die Annie J. Cannon-prys in 1993 aan haar toe te ken. Baum het gehelp om die Hubble-ruimteteleskoop te ontwikkel, vanaf 2004 was sy die direkteur van die "Rochester Institute of Technology" se Chester F. Carlson Sentrum. Baum het haar Baccalaureus Artium in Fisika van die Harvard-universiteit en 'n Ph.D in Sterrekunde van die Universiteit van Maryland verwerf. Sy is tans die Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe en Professor in Fisika en Sterrekunde aan die Universiteit van Manitoba. Astronomie Planete Komete "Annie Jump Cannon Award in Astronomy". American Astronomical Society (in Engels). 27 Junie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020. Besoek op 1 Julie 2016. https://www.nsf.gov/mps/ast/aaac/members/2011-12_bios/stefi_baum.pdf Barlow, Robert (16 Augustus 2008). "Astronomer finds a balance with being Mom". MPNnow (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2019. Besoek op 2 Julie 2016. "Faculty of Science - Profile - Dr. Stefi Baum, Dean".
125305
Adrien René Franchet (21 April 1834, Pezou – 15 Februarie 1900, Parys) was 'n Franse plantkundige, gebaseer by die Paris Muséum national d'Histoire naturelle. Hy is bekend vir sy uitgebreide werk om die flora van China en Japan te beskryf, gebaseer op die versamelings deur Franse Katolieke sendelinge in China, Armand David, Pierre Jean Marie Delavay, Paul Guillaume Farges, Jean-André Soulié en ander. Hy was die taksonomiese skrywer van baie plante, insluitende 'n aansienlike aantal spesies uit die genera Primula en Rhododendron. [1] Die volgende genera word tot sy eer vernoem: Franchetella, familie Sapotaceae, benaam deur Jean Baptiste Louis Pierre. Franchetia, familie Rubiaceae, benaam deur Henri Ernest Baillon. Essai sur la distribution géographique des plantes phanérogames dans le département de Loir-et-Cher, 1868 – Essay on the geographical distribution of phanerogams found in the department of Loir-et-Cher. "Enumeratio plantarum in Japonia : sponte crescentium hucusque rite cognitarum", 1875. Plantae Delavayanae. Plantes de Chine recueillies au Yun-nan par l'abbé Delavay, 1889 - "Plantae Delavayanae" : Plants from China collected in Yunnan by Father Delavay.
138093
Thracia was 'n Romeinse provinsie. (en) provinces of the roman empire (en) province-chronology Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
203217
Hemiasterella strongylophora is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Hemiasterella en tot die familie Hemiasterellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1956 deur Lévi. Van Soest, R. (2011). Hemiasterella strongylophora Lévi, 1956. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=170597. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
77815
Die Kleinbruinsterretjie (Anous tenuirostris) is 'n voël en seldsame swerwer aan die kus langs Mosambiek uit tropiese Indiese Oseaan-kolonies. Die voël is 30 – 34 cm lank, 90 - 120 g groot met 'n vlerkspan van 70 – 75 cm. In Engels staan die voël bekend as die Little Noddy. Wikispecies het meer inligting oor: Anous tenuirostris Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2012). "Anous tenuirostris". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
107989
’n Pannekoek is ’n gereg, dikwels dun en rond, wat van meel, eier, melk en ’n bietjie sout gemaak en in ’n pan met verhitte olie gebak word. Die pannekoek word met ’n spaan omgedraai of in die lug opgeskiet sodat dit op die rou kant in die pan terugval. Volgens argeologiese bewyse is pannekoek waarskynlik die eerste en mees algemene graangereg wat in prehistoriese gemeenskappe geëet is. Die pannekoek se vorm en struktuur verskil wêreldwyd. In Noord-Amerika word ’n rysmiddel (gewoonlik bakpoeier) gebruik om ’n dik, donsige pannekoek te maak. ’n Crêpe is ’n dun Franse pannekoek wat aan een of albei kante in ’n spesiale pan gebak word om ’n kantagtige netwerk van fyn borrels te kry. In Brittanje is die beslag dikwels ongesuur en lyk dit soos ’n crêpe. ’n Bekende variasie uit Suid-Europa is ’n palačinke, ’n dun en klam pannekoek wat aan albei kante gebak en met konfyt, roomkaas, sjokolade, ens. gevul word. Wanneer aartappels gebruik word as ’n groot deel van die beslag, is die resultaat ’n aartappelpannekoek.
121381
Uitlopers of stolonne in biologie is horisontale verbindings tussen organismes. Hulle kan deel van die organisme of van sy skelet wees. By diere is uitlopers gewoonlik eksoskelette. In plantkunde is uitlopers stingels wat op die grondoppervlak of net onder die grond groei en waaruit nuwe plante spruit. Risome, daarenteen, is wortelagtige stingels wat óf bogronds horisontaal óf ondergronds in ander rigtings kan groei. Alle horisontale stingels is dus nie uitlopers nie. Plante met uitlopers word uitlopervormend genoem. Dit is ’n voortplantingstrategie en die kompleks van individue wat deur ’n moederplant en al sy klone gevorm word, word ’n geneet genoem. Uitlopers kan lang stingellitte hê of nie. Die blare aan die uitloper is gewoonlik baie klein, maar kan ook van normale grootte wees. Uitlopers ontstaan aan die basis van die plant. In aarbeie is die basis bogronds, maar in baie knolplante met risome is die uitlopers ondergronds en vorm hulle lote wat op die punte of by die stingelknope uit die grond lig. Die knope van die uitlopers produseer wortels, en hormone wat deur die wortels vervaardig word, veroorsaak dat die uitloper lote met normale blare vorm.
141327
50000 Quaoar (Engels uitspraak: /ˈkwɑːwɑːr/), met die voorlopige naam 2002 LM60, is ’n trans-Neptunus-voorwerp sonder resonansie en moontlike dwergplaneet in die Kuipergordel, wat anderkant al die planete in die Sonnestelsel voorkom. Sy deursnee is sowat 1 110 km, of die helfte so groot soos Pluto. Dit is op 6 Junie 2002 by die Palomar-sterreweg ontdek deur die Amerikaanse sterrekundiges Chad Trujillo en Michael Brown. Tekens van waterys is gevind, wat dui op die moontlikheid van kriovulkanisme. ’n Klein hoeveelheid metaan is op die oppervlak teenwoordig, wat net moontlik is by die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). In Februarie 2007 is Weywot, ’n sinchroniese maan met ’n deursnee van 80 km, deur Michael Brown in ’n wentelbaan om Quaoar ontdek. Albei voorwerpe is na mitologiese figure van die Suid-Kaliforniese Tongvavolk genoem. Quaoar is hul skeppergod en Weywot sy seun. Quaoar is amptelik op 6 Junie 2002 deur die sterrekundiges Chad Trujillo en Michael Brown by die Kaliforniese Instituut vir tegnologie ontdek vanaf beelde deur die Samuel Oschin-teleskoop van die Palomar-sterrewag.