id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
192249
Aplysinopsis is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Aplysinopsis bergquistae (Van Soest, Kaiser & Van Syoc, 2011) Aplysinopsis elegans (Lendenfeld, 1888) Aplysinopsis lobosa (Burton, 1932)
11019
Hierdie artikel handel oor die planeet Venus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Venus (dubbelsinnig). Venus, die tweede planeet vanaf die Son, is vernoem na die Romeinse godin, Venus. Die planeet toon baie ooreenkomste met die Aarde ten opsigte van sy grootte en massale samestelling. Al die planete se wentelbane is ellipties, maar Venus se baan is die naaste aan 'n sirkel met 'n middelpuntafwyking van minder as 1%. Venus is nader aan die Son as die Aarde en daarom verskyn dit altyd in die rigting van die Son aan die hemelruim. Van die aarde gesien is die grootste hoek (waarnemershoek) wat Venus en die Son in die hemelruim vorm, 47.8 °. Venus word dus gewoonlik 'n paar uur voor sonsopkoms of 'n paar uur na sonsondergang gesien. Wanneer Venus op sy helderste is kan dit selfs in die dag sigbaar wees wat dit een van twee hemelliggame buiten die son maak wat beide in die dag en nag sigbaar kan wees. Daar word dikwels na Venus as die môrester of die aandster verwys. Dit is buiten die maan die helderste voorwerp in die naghemel.
36729
Bethal is 'n landboudorp in die suidweste van Mpumalanga, in Suid-Afrika, tussen Ermelo en Leandra. Die dorp is op 12 Oktober 1880 op die plaas Blesbokspruit gestig en na die vroue van die oorspronklike eienaars vernoem: Elizabeth du Plooy en Alida Naudé. Die dorp het in 1921 munisipale status verkry. Die distrik is 3 000 km2 groot. Die belangrikste gewasse wat verbou word is mielies, aartappels, sonneblomsaad, sorghum, rog, hawer en gars. Bees- en melkboerdery lewer ook groot bydraes. Gereformeerde kerk Bethal Lys van dorpe in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 "Hoofplek Bethal". Sensus 2011. Hierdie Mpumalanga-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
33129
Die Rugbywêreldbeker 1995 het vanaf 25 Mei tot en met 24 Junie 1995 in Suid-Afrika plaasgevind. Dit was die derde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) aangebied word en die eerste in Afrika. Dit was die eerste wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later sal nog die Krieketwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 volg. Dit was ook die eerste keer wat ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan weer aan ’n internasionale byeenkoms kon deelneem ná die lang stryd teen apartheid en as ’t ware die eerste groot toernooi vir en in Suid-Afrika ná die einde van dié politieke stelsel. Saam met die Afrikanasiesbeker 1996 was die Rugbywêreldbeker 1995 een van twee groot sportkompetisies in Suid-Afrika binne een jaar. Die toernooi se formaat van 1987 en 1991 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1995 deelgeneem, waartydens 32 wedstryde gespeel is. Die spanne is in vier poele van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die poel gespeel het. Die boonste twee spanne van elke poel het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer.
40521
Die Bledisloebeker (Engels: Bledisloe Cup) is 'n internasionale rugbykompetisie wat elke jaar gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Australië en Nieu-Seeland as deel van Die Rugbykampioenskap. Dit is genoem ná Lord Bledisloe, voormalige goewerneur-generaal van Nieu-Seeland, wat die trofee in 1931 geskenk het. Die trofee is in Nieu-Seeland deur Nelson Isaac ontwerp en gemaak deur Walker en Hall in Sheffield, Engeland. Dit is fisies die grootste trofee in wêreldrugby. Oorspronklik nou en dan elke paar jaar gespeel, gebeur wedstryde nou jaarliks en sluit wedstryde van Die Rugbykampioenskap (voorheen Drienasies) tussen die twee mededingers in. Hul Rugbywêreldbeker-wedstryde tel nie as Bledisloe-wedstryde nie, wat altyd in Australië of Nieu-Seeland gespeel word. Maar in 2008 is 'n Bledisloe-wedstryd vir die eerste keer buite die twee lande gehou toe die spanne in Hongkong gespeel het en in 2009 is 'n Bledisloe-wedstryd in Tokio gespeel. Ter voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan is in 2018 'n Bledisloe-wedstryd in die stad Jokohama gespeel. Nieu-Seeland oorheers die beker omdat hulle dit 19 keer in 'n ry (2003–2021) gewen het.
54501
Fochville is 'n dorp in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is geleë aan die R500-streeksroete net suid van die N12- nasionale pad, 40 km oos van Potchefstroom. Die dorp is op 15 November 1920 geproklameer nadat dit reeds gedurende die Eerste Wêreldoorlog deur die broers Wulfson uitgelê is op die plase Kraalkop en Leeuwspruit. Dit is vernoem na maarskalk Ferdinand Foch, 'n opperbevelvoerder van die Geallieerde magte. Die Western Deep Levels goudmyn is naby Fochville. Die naaste groot dorp is Carletonville. Gemengde boerdery word in die distrik beoefen. Die Danie Theron-gedenknaald staan op 'n koppie sowat 8 km wes van die afdraai na Fochville. In die middel tagtigerjare was Fochville in die nuus nadat 'n seksskandaal onder leerlinge van die hoërskool aan die lig gekom het. Die kinders het 'n pakkamer onder 'n verhoog ingerig vir hul seksbedrywighede. Later is na dié plek as die "genotgrot" verwys. Gereformeerde kerk Buffeldoorns Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Fochville-Noord NG gemeente Losberg Danie Theron-gedenktekens Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 "Hoofplek Fochville". Sensus 2011.
54309
Hanover is 'n klein dorpie waar die N1 en N10 nasionale paaie kruis in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die oorspronklike eienaar, Gert Gouws, het ingestem om sy plaas Petrusvallei te verkoop om 'n nuwe dorp te begin op voorwaarde dat die dorp Hanover (na Hannover in Duitsland) genoem word. Die tweede "n" is weggelaat om die spelling minder Duits en meer Engels te maak. Die naaste groot dorpe is De Aar, Colesberg en Middelburg, Oos-Kaap. Die dorpie lê presies halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg, asook so te sê ewe ver van Upington en Oos-Londen of Port Elizabeth. Die bekende skryfster Olive Schreiner en haar man, Samuel Cronwright, het van 1899 tot 1907 op Hanover gewoon. Hy was destyds eers lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering vir Colesberg en later vir Beaufort-Wes. Schreiner het Hanover aanvanklik beskryf as "one of the prettiest and nicest villages" wat sy al gesien het, maar omdat sy tydens die Tweede Vryheidsoorlog onder militêre toesig geplaas is, het omstandighede op die dorpie vir haar baie moeilik geword.
59199
Pitirim van Kroetitsi (Russies: Питирим Крутицкий; ? - April 1673) was die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy was van 1664 tot 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod. Terwyl Nikon patriarg was, was Pitirim die aartsbiskop van Kroetitsi. Toe Nikon sy amp vrywillig verlaat, het Pitirim in sy plek waargeneem. Hy het soos ’n volwaardige patriarg opgetree sonder om Nikon te raadpleeg. Toe Nikon se saak voor ’n kerklike raad dien, was Pitirim een van sy grootste teenstanders en beskuldigers, dalk in die hoop dat hy die amp kan oorneem. Hy het egter nie geslaag nie, want die raad het Joasaf II bo hom gekies. Eers ná laasgenoemde se dood in 1672 het Pitirim patriarg geword tot met sy dood ’n jaar later.
64437
Senwabarwana (voorheen Bochum) is 'n dorp in die Blouberg Munisipaliteit van Capricorn-distrik in Suid-Afrika. Die nedersetting lê ongeveer 93 km noord-wes van Polokwane, op die roete na Doringpad. Die dorp se naam is afgelei van "Bogim", 'n Bybelse naam (Rigters 02:01 en 5) wat deur die Duitse sendeling Carl Franz en sy vrou Helen aan 'n sendingstasie wat hulle in 1890 gestig het gegee het. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Senwabarwana". Sensus 2011. "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Human Science Research Council. p. 85. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
78069
Visuile (Scotopelia) is 'n genus van voëls in die familie van ware uile (Strigidae). Die genus omvat drie spesies. Scotopelia bouvieri Scotopelia peli - Visuil of die Pels visuil. Scotopelia ussheri Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
115257
TV Plus is 'n Suid-Afrikaanse tydskrif in die Media24-stal met aparte Afrikaanse en Engelse uitgawes. Dit is 'n gesinstydskrif wat sedert 1999 tweeweekliks verskyn. Die teikenmark is persone wat meer as 25 uur per maand voor die televisie deurbring. Die tydskrif publiseer programskedules, asook artikels ook plaaslike sepies, rolprente, gebeure, tuisvermaak, bekende sterre, skindernuus, mode, sport en dies meer. In 2006 het TV Plus 'n sirkulasie van 164 626 gehad, wat dit (naas Huisgenoot en You) die derde grootste tydskrif in Suid-Afrika maak (TV Plus het ’n gekombineerde sirkulasie vir die Engelse en Afrikaanse uitgawe). TV Plus, media24.com, besoek op 15 Oktober 2016 Nänny, Pia; Vooruitsigte vir die Afrikaanse Tydskrifmark; Universiteit Stellenbosch; Maart 2007 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
208289
Omar Epps (gebore 20 Julie 1973) is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Higher Learning (1995), Love & Basketball (2000), en Dracula 2000 (2000), en in die televisiereeks House (2004). 1992: Juice 1993: The Program 1995: Higher Learning 1999: The Mod Squad 1999: In Too Deep 1999: The Wood 2000: Love & Basketball 2000: Dracula 2000 2000: Brother 2004: Against the Ropes 2012: You, Me & The Circus 2016: Almost Christmas The Untitled Omar Epps Project Between Us 2004: House 2014: Resurrection 2016: Shooter 1993: Daybreak 1997: First Time Felon 2002: Conviction 2006: House Unplugged 2012: House: Swan Song 2016: 2016 Election Night Viewing Party 2000: Behind the 'Scream' 2008: House, M.D., Season Four: New Beginnings Omar Epps in die Internet-rolprentdatabasis Omar Epps op Facebook
281399
Amelita Galli-Curci (18 November 1882 – 26 November 1963) was 'n Italiaanse coloratura sopraan. Sy was een van die mees populêre operasangeresse van die 20ste eeu, en haar opnames is in groot getalle verkoop. Sy is gebore in Milaan as Amelita Galli in 'n Italiaanse gesin van Spaanse afkoms uit die hoë middelklas, waar sy klavier studeer het aan die Konservatorium in Milaan. Sy het 'n goue medalje vir haar klavierspel gewen, en op die ouderdom van 16 is 'n professoraat aan haar gebied. Sy is deur haar ouma geïnspireer om te sing. Die operakomponis Pietro Mascagni het Galli-Curci ook aangemoedig om haar ambisies te verwesenlik. Galli-Curci was grootliks self-opgelei, welke haar eie keuse was. Sy het haar tegniek geslyp deur na ander soprane te luister, ou boeke oor sangmetodes te lees en klavieroefeninge met haar stem te doen in plaas daarvan om van 'n klavier gebruik te maak. Galli-Curci het in 1906 by Trani gedebuteer as Gilda in Giuseppe Verdi se Rigoletto. Sy is spoedig deur die hele Italië geloof vir die soetheid en beheerstheid van haar stem en vir haar boeiende musikale interpretasies.
300611
In die mens, kan postuur belangrike inligting deur middel van nie-verbale kommunikasie oordra. Sielkundige studies het ook getoon dat die liggaam se postuur verskillende emosies tot gevolg het. Hierdie navorsing kan teruggeneem word na Charles Darwin se studies van emosie en beweging in mense en diere. Vandag is daar baie studies wat toon dat sekere patrone van liggaamlike bewegings is 'n aanduiding van 'n spesifieke emosie is. Navorsers bestudeer gebaretaal en het gevind dat selfs nie-gebaretaal gebruikers emosies kan bepaal uit slegs een handbeweging. Nog 'n voorbeeld is die feit dat woede gekenmerk word deur die liggaam wat vorentoe beweeg. Die teorieë wat navorsing in hierdie veld lei is die self-bevestiging of persepsie teorie en die emosie teorie. Self-bevestiging teorie is wanneer 'n deelnemer se postuur 'n beduidende effek het op sy of haar self-evaluering van hul emosies. 'n Voorbeeld van hierdie is 'n eksperiment waar die deelnemers aan positiewe eienskappe moes dink en dit neerskryf met 'n selfversekerde of twyfelagtige postuur. Deelnemers moes dan hulself evalueer uit die oogpunt van 'n werkgewer. Bui en vertroue vlak is ook gemeet en die resultate van hierdie studie het in die guns van die selfbefesting teorie getel.
2752
Die jaar 972 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 10de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 14 April – Pous Johannes XIII voltrek die huwelik van keiser Otto II en die Bisantynse prinses Theophano. 22 September – Pous Benedictus VI word tot pous verkies, maar moet wag tot die volgende jaar op keiserlike goedkeuring om gekroon te word. Bruno van Karintië, die latere Pous Gregorius V, die 138ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Stainach, Steiermark († 999). 6 September – Pous Johannes XIII, die 133ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±938). Swjatoslaf I van Kiëf, Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* ±942)
16948
Eus is ’n dorp in die Franse département Pyrénées-Orientales en die gewes Languedoc-Roussillon met ’n oppervlakte van 20,08 vierkante kilometer en 398 inwoners (2013). Sy inwoners word in Frans Iliciens genoem. Eus is deur die vereniging Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
16978
Die Guppie (Poecilia reticulata) is 'n varswater vis. Dit is een van die mees gewilde akwarium visspesies ter wêreld. Die vis kom natuurlik voor in noord-oos Suid-Amerika en die Karibiese Eilande. In Suider-Afrika kom die vis voor in KwaZulu-Natal, die Kuruman Oog en die Otjikotomeer in Namibië. Die vis staan ook bekend as die Miljoenvis. In Engels staan die vis bekend as die Guppy. Die wyfie (60 mm) is groter as die mannetjie (30 mm) en die lyf is dieper en ronder as die mannetjie. By die wyfie is die stertvin ook bolrond. Die mannetjie is skraler met goed ontwikkelde gonopodium. Die mannetjie se kleur wissel aansienlik het gewoonlik kombinasies van helder rooi, blou, turkoois en geel. Swart kolle en strepe kan ook voorkom. Die wyfie het 'n swart kol bokant die anus. Die guppy is 'n lid van die familie Poeciliidae. Soos al die ander lede van die familie word hulle lewendig gebore (die eiers broei uit binne die wyfie); dus Ovovivipaar. Hulle is ook bekend as vinnige broeiers. Die draagtydperk is 22 tot 26 dae.
20230
Hogsback is 'n dorp in die Amatolaberge van die Oos-Kaapprovinsie (Suid-Afrika), sowat 30 km van Alice af. Die R345-streeksroete gaan deur die dorp. Die omgewing van Hogsback, wat die Tyhumerivier en vrugbare vlaktes van die Tyhumevallei insluit, word deur drie bergrûe oorheers, wat soos die borsels op die rug van 'n vark lyk en aanleiding tot die dorp se ongewone naam gegee het. In die winter word in hierdie berggebied dikwels sneeuvalle aangeteken. Hogsback staan bekend vir sy natuurskoon met inheemse bosse (sommige boomreuse hier is van die oudste aangetekende eksemplare van hul spesie), watervalle en forelhengel. Die bosse is die habitat van talle voëlspesies, waaronder loeries en papegaaie. 'n Aantal pragtige staproetes is in die gebied gevestig. Die landskapsbeeld van Hogsback is sterk beïnvloed deur een van die eerste setlaars, die tuinier Thomas Summerton uit Oxford (Engeland), wat probeer het om die flora van die Engelse platteland hier te herskep. Appelboorde, lane met haselneute aan weerskante, talle bessievrugte en blomme uit Summerton se vaderland het in die gebied uitgebrei.
35914
Delmas is 'n boerderydorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, oos van Johannesburg. Die plaaslike boerderye produseer mielies, koring, aartappels en hoenders. Die dorp is in 1907 op die plaas Witklip uitgelê. Sy eienaar, Frans-gebore Frank Dumat, het besluit om die nedersetting de le mas ("van die klein plaas") te noem. Die distrik is 5 500 km2 groot. Lys van dorpe in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4.
38560
Revolverheld is 'n musiekgroep vanuit Hamburg (Duitsland) wat in 2003 onder die oorspronklike naam Manga tot stand gekom het. In 2004 het hulle die groep na Tsunamikiller hernoem, maar het dit ná die Indiese Oseaan-tsoenami van 2004 na Revolverheld vernoem. Revolverheld (2005) Chaostheorie (2007) In Farbe (2010) Immer in Bewegung (2013) Zimmer mit Blick (2018) Generation Rock (2005) Die Welt steht still (2005) Freunde bleiben (2006) Mit dir chill'n (2006) Ich werd' die Welt verändern (2007) Du explodierst (2007) Unzertrennlich (2007) Helden 2008 (2008) Spinner (2010) Keine Liebeslieder (2010) Halt dich an mir fest (2010) Das kann uns keiner nehmen (2013) Ich lass für dich das Licht an (2014) Lass uns gehen (2014) Deine Nähe tut mir weh (2015) Darf ich bitten (2015) Das Herz schlägt bis zum Hals (2017) Immer noch fühlen (2018) Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
42940
.st is die Internettopvlakdomein vir São Tomé en Principe. Lys van Internettopvlakdomeine IANA .st whois informasie AfriDNS - Informasie over Afrikaanse topvlakdomeine
37090
Die lieweheersbesie of liewenheersbesie (ook soms 'n skilpadbesie of skilpadkewer genoem) is lid van die familie Coccinellidae. Daar is meer as 5 000 spesies van hierdie soort kewer, wat dwarsoor die wêreld versprei is. Lieweheersbesies is klein insekte van tussen 1 en 10 mm lank. Hulle is gewoonlik geel, oranje of rooi met rooi kolletjies op hul vlerkdoppe en hul pote, kop en voelers is swart. Sommige spesies is egter meestal of heeltemal swart, grys of bruin en word nie maklik deur die leek as lieweheersbesies herken nie. Daar is ook ander klein kewers wat wel vir lieweheersbesies aangesien word, maar wat dit nie is nie. Lieweheersbesies word as nuttige insekte beskou, siende dat hulle plantluise en ander insekte vreet wat plae in tuine, boorde, op plase en soortgelyke plekke is. In sommige plekke word hulle doelbewus losgelaat as 'n natuurlike metode van plaagbeheer. Lieweheersbesies sal ook hul eiers naby plantluiskolonies lê sodat die pasgebore larwes 'n beter kans het om hul prooi te vind. Lieweheersbesies of skilpadbesies (familie Coccinellidae) is klein, halfbolvormige kewertjies met kort pote en helderkleurige dekskilde.
39694
Die skopsuil (Otus senegalensis) is 'n klein uil inheems tot Sub-Sahara Afrika. Die skopsuil het 'n unieke "prrrp" roep wat elke 5 sekondes herhaal word. Die skopsuil kom wyd verspreid voor oor Suid-Afrika in savanne en bosveldgebiede. Verspreiding word verder aangetref noord vanaf Suid-Afrika tot in Angola, Zambië, die suide van die D.R. Kongo, Oos-Afrika en Ethiopië suid van die Sahara, tot in Wes-Afrika. African Scops Owl: Atlas of South-African Birds Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
37606
Dentaal (Lat.: dens, dentes; tand, tanden), dentale konsonant of tandklank verwys in die fonetiek na 'n klank wat gevorm word deur die tong wat met die botande (Latyn dens -dentis) kontak het. Afhangende van die druk waarmee dit gedoen word en van de gepaardgaande kromming van die tong en van die mate van deurlating van lug, sal die klank wat veroorsaak word wissel van 'n sagte /d/ tot /dh/, /r/, /s/ na /t/.
54790
Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit in Gauteng, Suid-Afrika. Nedersettings in die munisipaliteit: De Deur / Walkerville Eikenhof Henley-on-Klip Meyerton Randvaal Suikerbosrand-natuurreservaat Vaal Marina Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
54850
Bettysbaai is 'n vakansiedorp aan die Atlantiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie strek ongeveer 12 km langs die kuslyn. Bettysbaai is vernoem na die dogter van Arthur Youlden wat saam met ander besigheidsmanne gedurende die 1930's die ontwikkeling van Bettysbaai begin het. Die R44 hoofpad gaan deur Bettysbaai. Lys van dorpe in Suid-Afrika Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4. "Hoofplek Bettysbaai". Sensus 2011. Hierdie Wes-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
61918
Die Fynlipvis (Cirrhilabrus exquisitus) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf Kenia tot by Park Rynie in Natal. In Engels staan die vis bekend as die Exquisite wrasse. Die volwasse vis se kleure is kompleks; dit is 'n mengsel van kleure maar hulle het altyd 'n oogvormige kol net bokant die sylyn by die stert se basis. Die onvolwasse vis is bruin, rooierig-oranje tot pers met 'n wit kol op die snoet en swart kol op die stert se basis. Die vis word tot 11 cm groot. Die vis leef in koraalriwwe in water wat 6 – 32 m diep is. Die mannetjie bewaar en verdedig 'n groot harem wyfies en vertoon baie helder kleure gedurende paartyd. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 http://fishbase.org/summary/Cirrhilabrus-exquisitus.html Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
68398
Mount Vinson is 'n berg in die Antarktika, wat naby die Antarktiese skiereiland geleë is. Met 'n hoogte van 4 892 meter is dit die hoogste berg in die Antarktika. Die Mount Vinson is genoem ná die Amerikaanse senator Carl Vinson, wat die verkenning van die Antarktika bevorder het. Die berg is tydens 'n vlug van die Amerikaanse Lugmag in 1957 ontdek en op 17 Desember 1966 deur 'n ekspedisie van die Amerikaanse Alpine Club onder Nicholas Clinch met finansiële ondersteuning deur die National Geographic Society vir die eerste keer bestyg. (en) "Vinson Massif, Antarctica" Peakbagger.com. Besoek op 30 April 2015. "GPS waypoints for the Vinson Massif" (in Engels). 7 Summits. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2019. Besoek op 30 April 2015. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mount Vinson. (en) "Vinson Massif". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
13353
Saint-Jean-Cap-Ferrat is 'n dorp in die département Alpes-Maritimes in die suid-ooste van Frankryk met 'n oppervlakte van 2,48 vierkante kilometer en 2 085 inwoners. Dit lê aan die Côte d'Azur, sowat 10 kilometer van Nice, 25 kilometer van Menton en 950 kilometer van Parys. Die dorp lê op 'n skiereiland naby Beaulieu-sur-Mer en Villefranche-sur-Mer en strek tot by die Kaap Ferrat (Frans: Cap Ferrat). Sy rustigheid en milde klimaat maak van Saint-Jean-Cap-Ferrat 'n gewilde bestemming vir welgestelde toeriste. Die dorp bekoor met 'n kuslyn van veertien kilometer met talle klein baaie, strande en ou dennebome. Maar die dorp en sy skiereiland staan veral bekend vir sy luukse huise. Saint-Jean-Cap-Ferrat is steeds 'n gewilde verblyfplek vir adellikes, politikusse, akteurs, sangers, skrywers, skilders en sakemanne, wat hier dikwels tydens die wintermaande bly. Teen die begin van die 20ste eeu besit ook die Belgiese koning Léopold II 'n landgoed in die dorp, wat onder meer die Villa des Cèdres met sy kenmerkende Sardiese boustyl insluit.
13749
Die C111-reeks bestaan uit prototipes en eksperimentele voertuie uit die sestiger- en sewentigerjare. Gedurende hierdie tydperk het Mercedes-Benz ge-eksperimenteer met nuwe enjin-tipes en kunsstofbakwerke. Die C111-platform word gebruik as basis vir eksperimente met wankelenjins, dieselenjins en turbo-aanjaers. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
57669
Brno (uitgepsreek /ˈbr̩no/, Duits: Brünn) is die tweede grootste stad in die Sentraal-Europese land Tsjeggië met 'n bevolking van sowat 378 000 (in 2017). Die vroegste nedersetting het met die vestiging van Slawiese stamme in die 6de eeu ontstaan. Die gebied word sedertdien sonder onderbreking bewoon. In die laat 13de eeu is Brno deur die vesting Špilberk (Duits: Burg Spielberg) beskerm wat as residensie van die Morawiese markgrawe uit die Huis van Luxemburg gedien het. Die stad was vanaf die 17de eeu die historiese sentrum van Morawië en is die huidige administratiewe setel van die streek van Suid-Morawië. 'n Aantal universiteite en ander tersiêre instellings is hier gesetel, net soos navorsingsinstellings en die Rooms-Katolieke Kerk se bisdom Brno. As Tsjeggië se juridiese hoofstad is Brno die setel van die Grondwetlike Hof (Ústavní soud), die Appèlhof (Nejvyšší soud), die Hoogste Administratiewe Geregshof en die aanklaer-generaal. Daarnaas het ook die Tsjeggiese Ombudsman en die hoogste Kartelkantoor hul hoofkwartiere in Brno. Die nywerheidsomwenteling in die 19de eeu het van Brno een van die mees vooruitstrewende stedelike nedersettings in Europa gemaak.
87543
Die brief aan Filemon is die 18de boek in die Nuwe Testament van die Bybel. Die brief is 'n suiwer persoonlike briefie aan Filemon, 'n vooraanstaande Christen in Kolosse. Onesimus, 'n slaaf van Filemon, het van sy eienaar af weggeloop en by Paulus, wat toe 'n gevangene was, uitgekom. Deur die apostel se toedoen het Onesimus 'n Christen geword. Nou stuur Paulus hom terug na Filemon toe en vra hom om vir Onesimus terug te ontvang, nie net as slaaf nie maar ook as broer in Christus. Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Filemon.
100653
Cornelius Rost (27 Maart 1919, Kufstein, Oostenryk – 18 Oktober 1983, München, Duitsland) was ’n Duitse soldaat in die Tweede Wêreldoorlog wat in Siberië uit ’n Gulagkamp ontsnap het. Sy wedervarings is vasgevang in ’n boek, televisiereeks en rolprent. Rost is op 27 Maart 1919 in Kufstein, Oostenryk, gebore. Hy het in München gewoon toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek en is tydens die oorlog deur die Sowjetleër gevang. Hy het self in 1942 erken hy het die rang van weerman gehad, hoewel Clemens Forell, sy alias in die roman, as ’n offisier uitgebeeld word. Volgens die Münchense registrasiekantoor het Rost op 28 Oktober 1947 uit ’n gevangenekamp in die Sowjetunie teruggekeer. In 1953 het hy by die boekuitgewer Franz Ehrenwirth begin werk. Hy het verskeie voorblaaie van boeke geruïneer omdat hy kleurblind geword het van sy gedwonge arbeid in die Sowjet-loodmyne in Siberië. Ehrenwirth het ’n verduidelik gevra en van Rost se oorlogservarings gehoor. Hy het besef dit kan ’n goeie verhaal wees en Rost gevra om sy herinneringe neer te skryf. Rost se verhaal was baie swak gekonstrueer, maar Ehrenwirth wou dit graag publiseer.
104103
Eldoraigne is 'n voorstad suidwes van Pretoria se stadskern geleë, in die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Subplek Eldoraigne Sensus 2011 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
109635
Louise Elizabeth Janse van Rensburg (*4 Mei 1903, Winburg – †18 Januarie 1994, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Janse van Rensburg was een van die eerste vroulike Afrikaanse joernaliste en dien ook as redakteur by onder meer Die Vaderland en The Pretoria News. As skrywer publiseer sy meestal ontspanninglektuur, maar publiseer ook enkele werke vir die jeug. Sy is op 4 Mei 1903 in Winburg in die Oranje-Vrystaat gebore as oudste dogter in die gesin van die landmeter Johannes Frederik Janse van Rensburg en Louise de Villiers. Haar oudste broer is dr. Hans van Rensburg, latere kommandant-generaal van die Ossewa-Brandwag, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog weens hul teenkanting aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog saam met Engeland teen Duitsland vir binnelandse onrus verantwoordelik is. Louise het nog 'n broer en suster. Sy word groot en gaan skool op Winburg en na matrikulasie op haar tuisdorp studeer sy verder aan die Grey Universiteitskollege in Bloemfontein. Hier behaal sy in 1927 'n B.A.-graad en werk dan 'n ruk as vertaler by die Winburg Munisipaliteit. Sy is een van die eerste Afrikaanse joernaliste.
111447
Shakadza is 'n nedersetting in die Musina Munisipaliteit van Vhembe distrik, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit is net suid van die grens met Zimbabwe naby die Limpoporivier geleë. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Shakadza". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
114999
Onder die Ultimatumboom is aan die Zoeloe-koning Cetewayo 'n ultimatum gerig wat gelei het tot die Anglo-Zoeloeoorlog van 1878–79 en die einde van 'n onafhanklike Zoeloe-koninkryk. Die Ultimatumboom is in die Harold Johnson-natuurreservaat, op die suidelike oewer van die Tugelarivier, naby die John Ross-brug en 6 km van die see. Dit staan net onderkant Fort Pearson waar vroeër 'n pont was. Die boom is 'n wildevyeboom, (Ficus sonderi) en is in 1950 tot monument verklaar. In 1987 is dit amper deur 'n sikloon vernietig. In 1878 het die geskille tussen die Zoeloes en die Britse regering in Natal en Transvaal 'n hoogtepunt bereik. Die probleem het onder andere sogenaamd gegaan oor die grens tussen Transvaal en Zoeloeland. Die werklike rede was die vrees wat die Engelse gehad het vir 'n te sterk Zoeloeland op die grens van Natal en Transvaal. Op 11 Desember 1878 is Henry Bartle Frere se ultimatum aan Cetewayo se afgevaardigdes Vumandaba en John Dunn onder hierdie boom voorgelees in die aanwesigheid van Theophilus Shepstone, Charles Brownlee en Henry Francis Fynn, die Britse verteenwoordigers.
125289
Jilongo is 'n nedersetting in die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit van Vhembe-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Jilongo". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
119253
'n Aminosuur is 'n organiese verbinding wat sowel 'n aminogroep (—NH2) as 'n karboksielgroep (—COOH) in dieselfde molekule bevat. Aminosure speel 'n uiters belangrike rol in die biochemie omrede dit die boublokke is wat proteïene vorm. Dié aminosure wat biologies belangrik is, is nogtans net 'n subgroep van die chemiese klasse van die aminosure. Die twee funksionele groepe is aan dieselfde koolstofatoom gesubstitueer en hulle word die alfa-aminosure genoem. Daar bestaan ook beta-, gamma-aminosure, ensomeer maar hulle is biologies minder belangrik. 'n Aminosuur is sowel 'n basis as 'n suur en kan daardeur 'n zwitterioon vorm waar die suurgroep 'n proton aan die aminogroep afstaan. Die eienskappe van die aminosuur word deur sy syketting R— bepaal. Daar is 21 aminosure wat as boublokke van die proteïene optree. Hulle word die proteïenogene aminosure genoem en dikwels met een hoofletter van die alfabet of met 'n drieletterkode weergegee: Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
235313
Hans Conried (15 April 1917 – 5 Januarie 1982) was 'n Amerikaanse akteur.
251807
Natasha Pyne (gebore 9 Julie 1946) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Taming of the Shrew (1967), Father Dear Father (1973), en One of Our Dinosaurs Is Missing (1975), en in die televisiereeks Silas Marner (1964). 1967: The Taming of the Shrew 1970: The Breaking of Bumbo 1973: Father Dear Father 1975: One of Our Dinosaurs Is Missing 1963: The Chem. Lab. Mystery 1964: Silas Marner 1968: Father Dear Father 2013: John Denver: Country Boy Natasha Pyne in die Internet-rolprentdatabasis
250175
Soul Mountain (Chinees:t=靈山|s=灵山)is 'n roman deur Gao Xingjian. Die roman is losweg gebaseer op die outeur se reis in landelike China, wat geïnspireer is deur 'n valse diagnose van longkanker. Die roman is ten dele outobiografies en ten dele fiksie en kan beskryf word as 'n verhaal van 'n man se reis om die fabelagtige Lingshan-berg te vind. Die werk is 'n kombinasie van fragmentariese stories, relase van reise, onbenoemde karakters (verwys na deur die voorvoegsels "ek", "jy", "sy", ens.) en volksgedigte en -legendes. Die Engelse weergawe daarvan, vertaal deur Mabel Lee, is op 5 Desember 2000 in die Verenigde State gepubliseer.
263081
Saundra Edwards (gebore 12 Maart 1938) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Parrish (1961) en in die televisiereekse 77 Sunset Strip (1958), The Alaskans (1959), en Hawaiian Eye (1959). 1961: Parrish 1958: 77 Sunset Strip 1959: The Alaskans 1959: Hawaiian Eye Saundra Edwards in die Internet-rolprentdatabasis
285413
Wilhelm Josef Franz Ritter von Leeb (5 September 1876 - 29 April 1956) was 'n Duitse veldmaarskalk en oorlogsmisdadiger in die Tweede Wêreldoorlog. Von Leeb was 'n hoogsgedekoreerde offisier in die Eerste Wêreldoorlog en het die militêre orde van Max Joseph ontvang wat hom die titel van adel verleen het. Met die inval van Frankryk het hy Leërgroep C beheer, verantwoordelik vir die deurbraak van die Maginot-lyn. Tydens Operasie Barbarossa, die inval van die Sowjetunie, was von Leeb in bevel van Leërgroep Noord, wat deur die Baltiese State na Leningrad (die huidige St. Petersburg) gevorder het en uiteindelik die stad beleër het. Eenhede onder von Leeb se bevel het oorlogsmisdade teen die burgerbevolking gepleeg en het nou saamgewerk met die SS Einsatzgruppen, die doodskaders wat hoofsaaklik vir die moorde op die Joodse bevolking as deel van die Holocaust verantwoordelik was. Von Leeb was 'n begunstigde van die omkopingskema van Adolf Hitler vir senior Wehrmacht-offisiere, en het in 1941 geheime, onwettige geskenke van 250,000 Reichsmark ontvang en van 'n boedel ter waarde van 638,000 Reichsmark in 1943.
367583
Roggras (Secale africanum) is 'n wilde rog wat inheems aan die Roggeveld is, waarna die streek vernoem is. Die Roggeveldberge is ook na hierdie spesie vernoem. Die plant word deur wildsbokke, vee en voëls benut. Die plant was eers volop in die omgewing maar as gevolg van oorbeweiding en swak grondbestuur was daar in 2008 slegs ongeveer 50 spesies oor. In 2009 het die Wes-Kaapse regering 'n projek geloods om hierdie plant en vyf ander spesies te hervestig. SANBI Redlist http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:421157-1 https://www.elsenburg.com/sites/default/files/attachments/2017-02/39_Saayman%20N_2009_Agriprobe%206.pdf Geargiveer 11 Januarie 2021 op Wayback Machine
2860
Die jaar 767 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Anargie in Bulgarye. Umar volg Sabin op en Toktu volg Umar op. 28 Junie – Teenpous Constantinus II word deur sy broer Toto op die pouslike troon gesit. 7 Augustus – Pous Stefanus III volg Pous Paulus I op. 28 Junie – Pous Paulus I, die 93ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±700).
2008
Die jaar 1353 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 14de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 6 Julie – Pous Innocentius VI publiseer die bul “Sollicitudo pastoralis” oor die onwettigheid van die besluite van die konklaaf waartydens hy verkies is. Die kanton Bern sluit 'n verdrag met die kantons Uri, Schwyz en Unterwalden en word die agste lid van die Switserse konfederasie. Onbekend – Margrethe I, koningin van Denemarke, Noorweë en Swede († 1412) Onbekend – Ewdokija van Moskou, groothertogin van Rusland († 1407) 27 April – Semjon I van Moskou, Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* 1316)
3454
Die jaar 357 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 57ste jaar van die 4de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Generaal Julianus van die Romeinse Ryk wen die slag van Straatsburg teen die Alemanne.
27586
Hoërskool Monument (ook bekend as Monnas) is 'n dubbelmediumhoërskool in Krugersdorp, Gauteng. Die skool is op 1 Februarie 1921 gestig as die Afrikaanse (dit het later 'n dubbelmediumskool geword) Medium Hoërskool Krugersdorp. Van die kultuuraktiwiteite wat deur die skool aangebied word sluit in koor, debat, public speaking, junior Verenigde Nasies, mej. Monnas, redenaars en revue. Die skool bied ook sportgeriewe vir die volgende: atletiek, gholf, hokkie, jukskei, krieket, landloop, netbal, rugby, skaak, swem en tennis. Monnas het reeds agt Springbokke opgelewer. Hulle is Christo Wagenaar, Brendan Venter, Jorrie Muller, Jaque Fourie, Heinke van der Merwe, Willem Alberts, Jaco Taute en Julian Redelinghuys. Die eerste rugbyspan se bynaam is die Witbulle en die tweedespan die Kwaggas. Monnas uniek gefokus Gefokus op unieke, gebalanseerde groei vir individue, gefundeer in Christelike waardes, selfdissipline, wedersydse respek en diversiteit deur uitnemende opvoeding en onderwys. Ek dank God dat Hy my lewe en gesondheid gee. Ek sal die voorreg wat ek het om te leer nie verwaarloos nie.
34078
Kinshasa (Frans [kinʃasa], voorheen: Léopoldville; Nederlands: Leopoldstad, luister (hulp·inligting)) is die hoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo (ook Kongo-Kinshasa genoem), wat tot ses jaar ná die land sy onafhanklikheid (1960) van België verkry het as Leopoldstad bekend gestaan het. Dit is 'n 'n rivierhawe en aan die Kongorivier, oorkant die hoofstad van die Republiek die Kongo, Brazzaville, net suid van die ewenaar geleë. Dit maak van Brazzaville en Kinshasa die wêreld se tweede naaste hoofstede ná Rome en die Vatikaanstad. Die stad is in 1887 deur die Britse ontdekkingsreisiger Henry Morton Stanley gestig. Dit het in 1926 die hoofstad van die Belgiese kolonie geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was troepe van die Verenigde State hier gestasioneer. Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, 'n rivierhawe, 'n universiteit (1954) en is 'n vername handelsentrum. Van die bedrywe in die stad is onder meer voedselverwerking, tekstiele, chemikalieë en brouery.
43960
Pretty Persuasion is 'n 2005 swartkomedie/satirerolprent oor 'n vyftienjarige skoolmeisie wat 'n valse aanklag van seksuele teistering teen haar dramaonderwyser aanhangig maak. Die rolprent se trefsin is "Wraak ken geen genade." Die rolprent is deur Skander Halim geskryf en deur Marcos Siega geregisseer. Evan Rachel Wood, James Woods en Ron Livingston speel in die film en die rolprent is op 12 Augustus 2005 in VSA-teaters vrygestel. Evan Rachel Wood as Kimberly Joyce David T. Wagner as Morgan Brent Goldberg as Rick Adi Schnall as Randa Azzouni Elisabeth Harnois as Brittany Wells Stark Sands as Troy Jane Krakowski as Emily Klein Michael Hitchcock as Headmaster Charles Meyer Danny Comden as Roger Nicholl Jaime King as Kathy Joyce Josh Zuckerman as Josh Horowitz James Snyder as Dave Evadsti Ron Livingston as Percy Anderson Cody McMains as Kenny Mike Erwin as Barry James Woods as Hank Joyce Ira David Wood IV as Martin Stivers Selma Blair as Grace Anderson Internetrolprentdatabasis-profiel (en) Voorprent op YouTube Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
51040
Die Gewone janfrederik (Cossypha caffra) is 'n klein insekvretende voëlspesie wat algemeen in suidelike en oostelike Afrika voorkom. Die voël het sy naam te danke aan sy roep, wat na die lettergrepe jan-fre-d'rik klink. Dit is oorwegend 'n broeiende standvoël in suidelike en oostelike Afrika. Die janfrederik is 16 tot 17 cm lank. Die volwassene is grys geveer aan die bokant, en effens olyfkleurig getint op die mantelvere. Die gesigsye, voor en agter die oog, is swarterig, en met 'n wit supersilium van die grys kroon geskei. Die ken, keel, sentrale bors, kruis- en dekvere op die stert is oranje, en die sentrale stertvere is grysbruinerig. Die pensvere is bleekgrys. Die swart snawel is kort en reguit, met 'n effens afgeboë bo-snawel. Die bene en pote is pienkerig grys, en die oë is bruin. Die geslagte is soortgelyk, maar die jongvoël is donkerbruin bo, en vaalbruin onder geveer, met swaar vaalbruin merke aan die bokant en grysbruin merke op die bors. Dit het 'n kras, lae, drielettergrepige alarmnoot WHA-dur-dra, of JAN-fre-d'rik.
89902
Die 5de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie V geskryf) word dikwels saam met die 3de, 4de en 6de Dinastie groepeer as die Ou Ryk. Die 5de Dinastie het geduur van omstreeks 2494 tot 2345 v.C. Volgens Manetho het dié farao's vanaf Elephantine regeer, maar argeoloë het duidelike bewyse gevind dat hul paleise steeds in Memphis was. Die bekendste heersers van die 5de Dinastie was: Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2. Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004
87772
Geocaching is 'n buitemuurse aktiwiteit, waarin die deelnemers 'n Globale Posisioneringstelsel (GPS) ontvanger of mobiele toestel en ander navigasie tegnieke gebruik om houers, die sogenaamde geocaches of caches, oral in die wêreld weg te steek en te soek. 'n Tipiese cache is 'n klein waterdigte houer wat 'n logboek huisves, waarin die geocachers met hul kodenaam teken en die datum aanteken waarop hulle dit gevind het. Na die ondertekening van die logboek, moet die kas teruggeplaas word presies waar die persoon dit gevind het. Groter houers soos plastiek houers (Tupperware of soortgelyk) of ammunisie kaste kan ook items bevat wat uitgeruil mag word, gewoonlik speelgoed of snuisterye van min finansiële waarde, hoewel die items soms sentimentele waarde het. Geocaching is soortgelyk aan die 160-jaar-oue spel Letterboxing, wat leidrade en verwysings na landmerke rondom 'n storie gebruik het. Geocaching het begin kort na die verwydering van die selektiewe beskikbaarheid van die Globale Posisioneringstelsel op 2 Mei 2000, omdat die beter akkuraatheid van die stelsel dit moontlik gemaak het om 'n klein houer op 'n spesifieke posisie te plaas.
112228
Die 2014 Monaco Grand Prix is op 25 Mei 2014 op die Circuit de Monaco in Monte Carlo gehou. Dit was die sesde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Nico Rosberg gewen.
120604
Die Briels was ’n Afrikaanse sanggroep. Frans en Sannie Briel het hulle eerste album, My gryse ou moeder, op 24 Augustus 1954 opgeneem. Later was hulle bekend vir liedjies soos Drie wit kissies, Trein na Pretoria, Ter nagedagtenis aan 435 mynwerkers en Mynerslied. Hulle liedjies was doelbewus somber en sentimenteel en is destyds deur die FAK as 'n verleentheid beskou. 'n SAUK-brief van 6 Augustus 1957 toon dat twee van hulle liedjies, Saans deur die tralies en Engel in die hemel, op radio verban was. Die Briels was 'n werkersklas Afrikaanse gesin. Frans het op die spoorweë en later vir Yskor gewerk, terwyl Sannie 'n vurkhyser bestuur het. Die realiteite van 'n werkersklas-lewe het dikwels in hul musiek tot uiting gekom. Hulle het die koerante vir nuus oor rampe deursoek, wat as temas vir nuwe liedjies ingespan is. Hierdie swaar onderwerpe was destyds gewild en die albums het goed onder ouer luisteraars verkoop, terwyl jongmense nie regtig na Afrikaanse musiek geluister het nie. Ondanks hul goeie verkope het Die Briels arm gebly. Kunstenaars het nie tantième ontvang nie en 'n vaste fooi is vir opnames betaal.
223644
Ariyan A. Johnson (gebore 30 April 1976) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Just Another Girl on the I.R.T. (1992), Bulworth (1998), en The General's Daughter (1999), en in die televisiereeks JAG (1995). 1992: Just Another Girl on the I.R.T. 1998: Bulworth 1999: The General's Daughter 1995: JAG Ariyan A. Johnson in die Internet-rolprentdatabasis
264798
Anser (ook bekend as Alpha Vulpeculae of α Vul) is die helderste ster in die sterrebeeld Vos (Vulpecula) en is sowat 297 ligjare van die Son af. Dit vorm ’n optiese dubbelster met 8 Vulpeculae. Dit is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M1, wat beteken dit het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer. Dit het ’n skynbare magnitude van 4,4. Anser is waarskynlik lid van die Arcturus-stroom, ’n groep sterre met ’n hoë eiebeweging wat arm aan metale is en vermoedelik oorblyfsels is van ’n klein sterrestelsel wat deur die Melkweg opgeneem is. Die ster se Bayer-naam is "Alpha Vulpeculae". Die tradisionele naam, "Anser", kom van die tyd toe die sterrebeeld se naam nog "Vulpecula cum Ansere" ("die klein vos met die gans") was. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur. Morgan, W. W.; Keenan, P. C. (1973), "Spectral Classification", Annual Review of Astronomy and Astrophysics 11: 29, doi:10.1146/annurev.aa.11.090173.000333, Bibcode: 1973ARA&A..11...29M.  van Leeuwen, F. (2007).
308244
Die knolharpuis (Othonna arbuscula) is 'n struik en sukkulent wat deel is van die genus Othonna. Dit groei in die warmer gedeeltes van Suider-Afrika en het die voorkoms van 'n bonsai. Dit kom voor in die Noord-Kaap in die Richtersveld, Namakwaland klipkoppe, Knersvlakte en suidwaarts tot in die Wes-Kaap en die Robertson Karoo-area. Die struik is bladwisselend en meerjarig, met 'n ronde kroon en word nie hoër as 1 m nie. Dit het gewoonlik 2 tot 3 vlesige takke wat met dun bas bedek is. Die blare is grys en tot 15 mm lank. Die plant dra heldergeel blomme in die winter. Die plant se wortelstelsel groei vlak sodat dit maklik water kan opsuig. Die plant het medisinale waarde. In Khoi staan die plant bekend as traap. Die plant se nasionale nommer is 740. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3198-10 http://pza.sanbi.org/othonna-arbuscula Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Knolharpuis.
308778
Marne Maitland (1 Mei 1920 – Desember 1991) was 'n Britse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Cleopatra (1963), The Shoes of the Fisherman (1968), The Man with the Golden Gun (1974), en Trail of the Pink Panther (1982). 1961: The Terror of the Tongs 1963: Cleopatra 1965: The Return of Mr. Moto 1968: The Shoes of the Fisherman 1974: The Man with the Golden Gun 1980: Little Margaret: (Blessed Margaret of Castello) 1982: Trail of the Pink Panther 1954: Colonel March of Scotland Yard 1956: Aggie 1959: The Moonstone 1984: La neve nel bicchiere 1954: The Three Princes 1957: The Widows of Jaffa Marne Maitland in die Internet-rolprentdatabasis
16937
Locronan (Bretons: Lokorn) is 'n dorp in die Bretonse département Finistère (Wes-Frankryk) met sowat 800 inwoners en 'n oppervlakte van 8,08 vierkante kilometer. Die dorp is deur die vereniging Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys. Locronan lê op 'n heuwel, sowat 17 kilometer noord van Quimper. Die naam Locronan is afgelei van die heilige Ronan, 'n monnik van Ierse afkoms, wat in Locronan begrawe lê. Volgens legendes het hy die inwoners van Locronan geleer om te weef. Locronan het sy ekonomiese welvaart tydens die Middeleeue inderdaad aan die vervaardiging van seildoek van eersterangse gehalte te danke. Anna van Bretagne, wat hier in 1505 tydens 'n bedevaart gebly het, het stadstatus aan Locronan toegeken. Tans steun die dorp se ekonomie veral op toerisme. Locronan het sy Middeleeuse voorkoms volledig bewaar, en motors word in die dorp nie toegelaat nie. Daar is groot parkeerplekke rondom Locronan. Die Pools-gebore Amerikaanse regisseur Roman Polanski het hier sy film Tess geskiet, waarin die Duitse aktrise Nastassja Kinski 'n hoofrol vertolk het.
17477
Clarens is 'n klein dorp wat in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika, aan die voet van die Malutiberge geleë is. Dit ressorteer onder die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit. Die dorp staan bekend as die "Juweel van die Vrystaat". Die dorp is in 1912 tussen die hoofsaaklik sandsteenberge gestig; die voorheuwels van die Rooiberge. Die dorp is vernoem na Clarens in Switserland waar President Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek in ballingskap oorlede is. Paul Kruger se verbintenis met Clarens gaan terug na 1866 toe hy sy Transvaalse kommando ter ondersteuning van die Vrystaat se oorlog teen die Basoeto's gelei het. Vyf van sy manskappe is by Noupoort gedood. Die NG gemeente Clarens is in 1920 van Bethlehem afgestig. Die eerste predikant was ds. S.J. Stander. Die Clarens-tak van die Oranje-Vrouevereniging het die President Paul Kruger-gedenksaal vir die gemeente laat bou. Eers in 1940 is die kerkgebou opgerig waarvan die destydse predikant, ds. J.J. le Roux, die hoeksteen gelê het. In die voorportaal van die kerk is 'n klip ingemessel wat kom uit die fondament van die tweede Voortrekkerkerkie wat in Natal gebou is.
39977
Die Dooie See-rolle is 'n versameling van ongeveer 900 dokumente, insluitende geskrifte van die Hebreeuse Bybel, wat tussen 1947 en 1956 in elf grotte in en rondom Wadi Qumran naby die murasies van die antieke nedersetting van Khirbet Qumran, op die noordwestelike kus van die Dooie See, ontdek is. Die geskrifte is van groot religieuse en historiese belang, aangesien hulle van die enigste bekende oorblywende kopieë van Bybelse dokumente insluit wat voor 100 v.C. geskryf is en hulle bewyse bevat van die diversiteit van geloof en praktyk in die destydse Tweede Tempelse Judaïsme. Die tekste is in Hebreeus, Aramees en Koinè-Grieks geskrewe, meestal op perkament, alhoewel sommige wel op papirus geskryf is. Hierdie manuskripte word geraam om uit tussen 150 v.C. en 70 v.C. te dateer. Die skrifrolle word gewoonlik met die antieke Judaïstiese sekte, die Essene, verbind, alhoewel onlangse navorsers hierdie assosiasie bevraagteken. Die Dooie See-skrifrolle word tradisioneel in drie groepe verdeel: die Bybelse manuskripte (kopieë van die Hebreeuse Bybel), wat ongeveer 40% van die geïdentifiseerde skrifrolle uitmaak;
45329
Bückeburg is 'n stad in die noord-weste van Duitsland in die deelstaat Nedersakse. Die stad het 'n bevolking van 20 407 in 2011 gehad. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
51431
SIBPLAZ (Russies: СИБПЛАЗ) is 'n Russiese maatskappy wat spesialiseer in mynbou en olie. Die hoofkwartier is in Kemerowo, die maatskappy se verteenwoordiging is in Moskou. SIBPLAZ is geskep in 1991 in die stelsel van die Russiese Akademie van mynbouwetenskap, Wetenskaplike en tegniese mynbou-vereniging, Federale amptelike liggaam "Die Nasionale sentrum van die wetenskap van mynbou - Instituut van mynbou by die naam AASkochinskogo" die Ministeries van energie van die Russiese Federasie, as gespesialiseerde Siberiese navorsing vestiging en die industriële organisasie vir die verwesenliking van navorsing-programme op die gebied van mynbou: doeltreffende ontginning en verwerking van brandstof en energie en 'n минерально-bron van grondstowwe, geologiese studies en reproduksie van 'n минерально-rou-materiaal basis van minerale in die Russiese Federasie, die voormalige lande van die Sowjetunie en in die buiteland. Gedurende herstrukturering van die Russiese mynbou-takke onder beheer van vestiging-aktiwiteite van die tak wetenskaplike navorsing-instellings, spesiaal-ontwerpte kantore, die eksperimentele en industriële ondernemings mynbou, 'n masjien-gebou en chemiese struktuur word gekonsolideer. In 1996 is dit omskep in 'n geslote gesamentlike-effekte maatskappy.
50945
Kralendijk is die hoofstad en grootste stad van Bonaire, 'n munisipaliteit van Nederland in die Karibiese See. Die stad het in 2006 'n bevolking van 3 061 gehad en is die belangrikste stad op Bonaire en is geleë op die Westelike kus naby die Suidelike punt van die eiland. In die plaaslike taal, Papiaments, word daar gereeld na Kralendijk verwys as "playa". Kralendijk was gebou om die Oranje-fort kort na dit in 1639 gebou is en die stad was van toe af al die hoofstad van Bonaire. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
57383
Hermon is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 22 km noord van Wellington. Dit het gegroei om die spoorweghalte op die takspoorlyn wat by Porterville eindig. Die dorp is vernoem na die berg Hermon wat in die Bybel in Deut. 3 verse 8 en 9 genoem word. Koringhandel is 'n vername ekonomiese aktiwiteit. Daar is belangrike kalkneerslae by Porseleinberg sowat 8 km wes van Hermon. Lys van dorpe in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
56603
Richard Stuttaford (Kaapstad, 13 Junie 1870 - Stellenbosch, 19 Oktober 1945) was 'n Suid-Afrikaanse handelaar, kabinetsminister en die seun van Samson Rickard Stuttaford, 'n grondlegger van die afdelingswinkel Stuttafords. Stuttaford ontvang sy opleiding in Engeland en Frankryk en sluit hom in 1892 aan by die handelsfirma, Thorne, Stuttaford & Co, wat sy pa help oprig het saam met sir William Thorne. Hy word die hoof van die maatskappy in 1917. Buiten as lid van die Kaapse stadsraad, van die Kaapstadse Kamer van Koophandel, waarvan hy voorsitter was van 1918 tot 1920, en voorsitter van die Vereniging van Kamers van Koophandel van Suid-Afrika (1921 tot 1923), het hy aanvanklik nie in die openbare lewe belang gestel nie, maar in 1924, toe hy 54 jaar oud was, word hy tot die Unie-Volksraad verkies as die lid vir Nuweland teen die Konstitusionele Demokraat, C.A. Lagesen met 'n meerderheid van 702 stemme. In 1929 is hy onbestrede verkies vir dieselfde kiesafdeling en in 1933 weer onbestrede, dié keer as S.A.P.-Koalisie-kandidaat vir Claremont, nadat Nuweland tydens 'n herafbakening afgeskaf is.
74207
Moenie verwar word met die aangrensende provinsie Shanxi nie. Shaanxi (Chinees: 陕西, Pinyin: Shǎnxī, luister (hulp·inligting)) is 'n provinsie in die sentraal-noorde van die Volksrepubliek China. In 2010 het dit 'n bevolking van 37 327 328 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Xi'an. (en) "Doing Business in China – Survey". Ministry of Commerce of the People's Republic of China. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2014. Besoek op 5 Augustus 2013. (en) "Communiqué of the National Bureau of Statistics of People's Republic of China on Major Figures of the 2010 Population Census [1] (No. 2)". National Bureau of Statistics of China. 29 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 4 Augustus 2013. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Shaanxi. (zh) Amptelike webwerf van die Shaanxi Provinsiale Regering (en) "Shaanxi". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Maart 2021. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
87167
Orlando is die oudste township in Soweto, Gauteng. Die township is in 1931 gestig en na Johannesburg se burgemeester Edwin Orlando Leake vernoem. Orlando is verdeel in Orlando-Oos en Orlando-Wes. Volgens die 2011-sensus het Orlando-Oos 68 210 inwoners en Orlando-Wes 40 603 inwoners. Orlando Pirates FC, 'n bekende Johannesburgse sokkerklub hier gestig. Orlando, Florida, 'n stad in die deelstaat Florida, VSA. sahistory.org.za (en) 2011-sensus (Orlando East) 2011-sensus (Orlando West)
102635
Primrose is 'n voorstad van Germiston in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit. Gereformeerde kerk Primrose Lys van dorpe in Suid-Afrika "Subplek Primrose". Sensus 2011.
104327
Die Sunwolves ((jp) サンウルブズ) – weens borgskapredes bekend as die HITO-Communications Sunwolves – was ’n Japanse rugbyspan wat sedert 2016 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die span is in 2015 gestig om ingesluit te word by die vergrote Superrugbykompetisie. Die span se basis was Tokio maar het ook ’n aantal tuiswedstryde in Singapoer gespeel. Die span het sy debuut in die 2016 Superrugbyseisoen gemaak, maar is op 1 Junie 2020 ontbind te midde van Covid-19, maar hoofsaaklik weens die span se weglating uit die Superrugbytoernooi vanaf 2021. Sedert die aanvang van SANZAR-beheerde Superrugbykompetisie in 1996 (voorheen bekend as Super 12 en Super 14) is die kompetisie beperk tot spanne van Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. In 2011 is bekendgemaak dat SANZAR sy internasionale Drienasieskompetisie sou uitbrei om Argentinië in te sluit, wat gelei het tot die nuwe naam van Die Rugbykampioenskap. Dit het gelei tot gerugte dat Argentinië ook ’n span in die Superrugbykompetisie sou wou hê. en SANZAR het bevestig dat hulle in die toekoms uitbreiding na ander streke sou ondersoek.
118085
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) is die nasionale posdiens van Suid-Afrika en 'n staatsbeheerde onderneming. Sy enigste aandeelhouer is die Suid-Afrikaanse regering. In terme van die Suid-Afrikaanse reg, is die Poskantoor die enigste entiteit wat wettig toegelaat word om voorbehoude pos te aanvaar en bedryf as sodanig 'n monopolie. Dit het meer as 23 820 werknemers en bedryf meer as 2 486 posafsetpunte regoor die land. Daarom word daar 'n poskantoor in elke stad, dorp en byna elke gehug in Suid-Afrika aangetref. Die geskiedenis van die posdiens in Suid-Afrika kan teruggevoer word tot 500 jaar gelede. In 1500 het die kaptein van 'n Portugese skip, Petro D'Ataide, 'n brief in 'n witmelkhoutboom in Mosselbaai geplaas. Hy het berig oor die vergaan van drie skepe in sy vloot, insluitend dié van Bartolomeus Dias, tydens 'n hewige storm oor die Atlantiese Oseaan. Portugese skepe het gereeld aangedoen in Mosselbaai om vars water in te neem, en drie maande later is die brief gevind en afgelewer in Portugal.
124169
Leokaneng is 'n Swart nedersetting wes van Polokwane, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Leokaneng". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
126347
Ds. Tjibbe Thomas Spoelstra (13 April 1900 – 28 Augustus 1987) was van 1925 tot 1965 predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, naamlik Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos (1925–1927), Petrusburg (in kombinasie, 1927–1941), Pretoria-Oos (1950–1958) en Pretoria-Sunnyside (1958–1965). Hy was die eerste predikant van beide Johannesburg-Oos en Pretoria-Sunnyside. Van al vier sy werkkringe bestaan nog net Petrusburg nadat al drie die ander ontbind het. Van 1941 tot 1949 was hy sekretaris-penningmeester van die Administratiewe Buro op Potchefstroom. Ds. Spoelstra is tydens die Driejarige Oorlog gebore en het ná laerskoolopleiding deur sy vader ('n onderwyser) gematrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium te Potchefstroom en sy teologiese studies in 1924 voltooi. Ds. Spoelstra is in 1925 in sy eerste gemeente, Johannesburg-Oos, bevestig. Omdat predikante destyds skaars was en die jong gemeente net 250 belydende lidmate gehad het, wat nie tot die gegoede stand behoort het nie, was die gemeente in kombinasie met Bethal in Oos-Transvaal, wat ook die verre Swaziland ingesluit het.
206533
Mycale bolivari is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Mycale en tot die familie Mycalidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1914 deur Ferrer-Hernandez. Van Soest, R. (2011). Mycale bolivari Ferrer-Hernandez, 1914. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=168570. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
13485
Die knobbeleend (Sarkidiornis melanotos) is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika. Hierdie eend is onmiskenbaar. Hulle het 'n swart nek, kop en onderlyf en glansende blou-swart rugkante. Die kop is gespikkeld met donker kolle. Die manlike voël is groter as die vroulike voël en het 'n groot swart knop op die snawel. Dit is veral tydens broeityd baie opvallend. Beide die manlike en vroulike voël het wit onderkante. Die knobbeleend kom voor by varswatermoerasse, damme en mere. Die eend eet hoofsaaklik plantaardige materiaal sowel as sade van waterplante. Waterdiertjies en sprinkane is ook gesogte happies. Die voëls broei hoofsaaklik in holtes van bome, en lê 7 tot 15 eiers. Neste word ook soms op die grond aangetref. Hierdie eend broei in die trope in Suid-Amerika, Afrika suid van die Sahara en Indië. Hulle word ook aangtref oor die hele Afrika, Madagaskar en in Suid-Afrika, maar is seldsaam suid van die Oranjerivier. Engelse naam: Comb Duck / Knob-billed Duck Wetenskaplike naam: Sarkidiornis melanotos Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name KENNIS,  vol 14, 1980, bl.
13503
Die gevlekte eend ( Anas hottentota) is die kleinste van die swemeende. Sy natuurlike leefgebied is Oos-Afrika suidelik van die Sahara, van Soedan en Etiopië. In Suid-Afrika, behalwe die Wes-Kaapland en die Kaapse Middellande, kom dit algemeen voor asook in Namibië. Ook op Madagaskarkom die voël voor. Hiernaas is die voël 'n populêre mak voël en word wêreldwyd gehou as troeteldier. Die gevlekte eend lyk soortgelyk aan die rooibekeend en teeleend met 'n donker mus, maar is 'n heelwat kleiner spesie (sowat 35 cm), en het 'n blou snawel. Dit het nie kolle aan die agterkant van die lyf soos die rooibekeend nie. Dit het 'n dowwe kol op vanaf die nek tot op die wang teenoor die rooibekeend se volledig roomkleurige wange. Dit is egter 'n taamlik skaars eendsoort en mens sien hulle meestal net in pare of klein swerms. Die gevlekte eend gee voorkeur aan 'n moerasagtige omgewing. Die nes is tussen riete naby die water. Dit is nie bekend wat hulle eet nie.
29295
Las Vegas (dikwels afgekort tot "Vegas") is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Nevada en ook een van die volkrykste metropole in die weste van die VSA. Die stad staan vandag veral bekend as 'n internasionale toeristesentrum en eersterangse bestemming vir handelskoue en konferensies soos die jaarlikse Consumer Electronics Show (CES), die belangrikste internasionale handelskou vir elektroniese verbruikersware. Die plaaslike toerismebedryf steun veral op dobbelary, groot winkelsentrums en Las Vegas se vermaaklikheidsbedryf. Las Vegas word dikwels as die "Wêreld se Vermaaklikheidshoofstad" ("The Entertainment Capital of the World") beskryf - onder meer danksy die reusagtige luukse kasino's, die onbeperkte beskikbaarheid van alkoholiese dranke (net soos in die res van die deelstaat Nevada) en sy vermaak-industrie wat op volwassenes gemik is. Las Vegas, wat vroeër ook as Sin City bekend gestaan het, het daarnaas 'n gewilde toneel vir rolprente en televisieprogramme geword. Las Vegas is in 1905 gestig en ses jaar later amptelik as 'n stad geïnkorporeer. Danksy die vinnige ekonomiese groei het Las Vegas tot die grootste Amerikaanse stad ontwikkel wat in die 20ste eeu gestig is.
29463
Hemer is 'n stad in Noordryn-Wesfale in Duitsland. Teen 2011 was die inwonertal 37 920 mense in die stad se 67,6 km². "Information und Technik Nordrhein-Westfalen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2011. Besoek op 20 Augustus 2012. Die amptelike webwerf van Hemer Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
33543
Godfrey Khotso Mokoena OIS (gebore 6 Maart 1985 in Heidelberg) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat spesialiseer in die verspring en driesprong. Mokoena het Suid-Afrika se eerste medalje tydens die Olimpiese Somerspele 2008 ingepalm. Hy het 'n silwermedalje verower toe hy 'n afstand van 8,24 m gespring het tydens die verspringfinaal vir mans. Godfrey Khotso Mokoena is gebore in 'n gesin van twee kinders. Sy vader werk vir 'n internasionale tabakgroep en was een van die grootste Suid-Afrikaanse ver- en driesprongatlete wat talle nasionale junior- en seniorrekords verbeter het. Na sokker en basketbal kom Godfrey op 13-jarige leeftyd met atletiek in aanraking. Op skool word sy talent deur 'n onderwyser en afrigter, Elna de Beer, opgemerk. Hy begin homself toespits op hoogspring en behaal hiermee in 2001 'n vyfde plek by die wêreldjeugkampioenskappe. Mokoena studeer suksesvol af aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom waar hy ook verskeie vername atlete ontmoet. Mokoena behaal sy eerste internasionale sukses in 2004 deur by die wêreldkampioenskap vir juniors in Lissabon 'n goue medalje in driekamp te wen.
45249
Waldemar I of Waldemar die Grote (14 Januarie 1131 – 12 Mei 1182) was van 1157 tot 1182 koning van Denemarke. Hy was die seun van Knoet Lavard, die oudste seun van koning Erik I en ’n gewilde prins. Sy pa is net ’n paar dae voor sy geboorte vermoor. Sy ma, Ingeborg, die dogter van Mstislaf I van Kiëf-Roes, het hom na sy oupa, Wladimir Monomach van Kiëf-Roes, genoem. Toe Waldemar 16 jaar oud was, het koning Erik III in 1146 geabdikeer en ’n burgeroorlog het uitgebreek. Die magnate van Jutland het Knoet V as koning gekies, maar Sven III het in Seeland regeer. ’n Duitse koninklike intervensie het Sven "eerste koning" gemaak met Knoet as medeheerser. In 1154 is Sven se bewind saam deur Knoet en Waldemar omvergewerp. Ná ’n paar jaar in ballingskap het Sven in 1157 met Duitse hulp daarin geslaag om ’n driedubbele verdeling van die koninkryk af te dwing met homself as heerser in Skone. Op ’n banket (die sogenaamde "Bloedfees" by Roskilde) in 1157 het Sven glo probeer om sy twee teenstanders uit die weg te ruim.
42273
Doupunt Die doupunt is die temperatuur tot waar 'n gegewe hoeveelheid lug afgekoel moet word by 'n konstante lugdruk om waterdamp te kondenseer. Die gekondenseerde water word dou genoem. Die doupunt is 'n versadigingspunt. As die doupunt temperatuur onder vriespunt daal word daar nie dou gevorm nie maar ryp. Die doupunt hang af van die relatiewe humiditeit (voggehalte) van die lug. 'n Hoë relatiewe humiditeit dui daarop dat die doupunt nader aan die lugtemperatuur is. 'n Relatiewe humiditeit van 100% dui daarop dat die doupunt gelykstaande is aan die heersende lugtemperatuur en dat die lug versadig is met water. As die doupunt konstant bly en die lugtemperatuur verhoog sal die relatiewe humiditeit afneem. By 'n gegewe lugdruk en onafhanklik van die lugtemperatuur is die doupunt 'n aanduiding van die molfraksie water in die lug en daarom bepaal dit die spesifieke voggehalte van die lug. Die doupunt is 'n belangrike maatstaf vir weerkundiges, vlieëniers en ontwerpers van verkoelingstelsels. By 'n gegewe lugdruk, onafhanklik van die lugtemperatuur, is die doupunt 'n aanduiding van die molfraksie waterdamp in die lug of anders gestel dit is 'n aanduiding van die spesifieke voggehalte van die lug of anders gestel die verhouding van water tot lug.
50553
Flying Fish Cove is die hoofstad en grootste stad van die eilandnasie Kerseiland, 'n Australiese oorsese grondgebied in die Indiese Oseaan. Die stad het 'n bevolking van sowat 500 in 2006 gehad. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
53565
Augustus (* 23 September 63 v.C. as Gaius Octavius in Rome; later deur sommige skrywers as aangenome seun Octavianus genoem; † 19 Augustus 14 n.C. in Nola naby Napels) word as die eerste Romeinse keiser beskou. As grootneef en hooferfgenaam van Julius Caesar het hy die politieke magstryd gewen wat ná die moord op Caesar in 44 v.C. uitgebreek het en in 31 v.C. alleenheerser van die Romeinse Ryk geword. Hy het 'n einde aan die Romeinse burgeroorloë gemaak wat 'n eeu lank gewoed het en was die stamvader van die keiserlike Julies-Claudiese geslagslyn. Met sy slagsprek restitutio rei publicae ("herstelling van die republiek") het hy aanspraak daarop gemaak dat hy die ou politieke orde sou herstel, maar met sy beleid het hy die republikeinse staatsstruktuur in werklikheid omgeskep tot 'n monargiese stelsel - die sogenaamde prinsipaat, 'n soort militêre diktatuur met diktatoriale magte vir homself. Sy heerskappy het nogtans 'n lang tyd van binnelandse vrede gebring wat later idealiserend as Pax Augusta geteken is. Augustus se legioene het die Ryn oorgesteek en stadigaan die Germane begin onderwerp.
53745
Svante August Arrhenius (* 19 Februarie 1859 op die landgoed Vik naby Uppsala; † 2 Oktober 1927 in Stockholm) was 'n Sweedse chemikus en fisikus. Arrhenius is in 1884 gepromoveer tot doktor in die wetenskappe aan die universiteit van Uppsala. Sy proefskrif het gehandel oor die elektrolitise geleibaarheid. Hoewel sy kommissie die waarde van díe proefskrif nie onderken het nie het dit die uitgangspunt en grondslag geword van sy teorie oor elektrolitise dissosiasie. In 1903 het Arrhenius die Nobelprys vir Chemie ontvang en in 1919 word hy direkteur van die Nobel-instituut vir fisiese chemie in Stockholm. Hy word beskou as een van die grondleggers van die fisiese chemie. "The Nobel Prize in Chemistry 1903" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Svante Arrhenius.
67815
Karpo (Grieks: Καρπώ), ook bekend as Jupiter XLVI, is ’n maan van Jupiter. Dit is in 2003 deur ’n span onder Scott S. Sheppard ontdek en aanvanklik S/2003 J 20 genoem. Dit het sy huidige naam vroeg in 2005 gekry. Dit is een van Jupiter se onreëlmatige mane wat nie deel van ’n groep is nie. Jacobson, R.A. (2006) JUP262 (28 Junie 2007). "Planetary Satellite Mean Orbital Parameters" (in Engels). JPL/NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 19 Januarie 2008. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
84759
Die Tortonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die tydperk was van sowat 11,6 tot 7,24 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die Serravallium en gevolg deur die Messinium. Die Tortonium is in 1858 deur die Switserse geoloog Karl Mayer-Eymar genoem na Tortona in Piëmont, Italië. Die globale stratotipepunt vir die etage lê in die strand-ontsluiting Monte dei Corvi in die omgewing van Ancona in Noordoos-Italië. Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Discoaster kugleri en die Foraminifera Globigerinoides subquadratus, en word ook verbind met die kort magnetiese chronosone C5r.2n; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globorotalia conomiozea en lê ongeveer in die middel van die magnetiese chronosone C3Br.1r. Gradstein et al. (2012) Hilgen et al 2005 (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
100239
Hyundai Automotive Suid-Afrika (Edms) Bpk is 'n motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Rosslyn, Suid-Afrika. Die maatskappy is gestig in 2001 in samewerking met die houermaatskappy "Associated Motor Holdings" onder leiding van die sakeman Billy Rautenbach. Dit is die opvolger van die destydsbekende "Hyundai Motor Distributors" verspreidings- en handelaarnetwerk. Die fondament is gebou op die voormalige produksiefasiliteit in Gaborone, wat na Rosslyn verskuif is. Die bestuurshoof van die aanleg is Alan Ross. Die Rosslyn-aanleg het die verskaffing aan 80 handelaars in die lande Suid-Afrika, Botswana en Namibië oorgeneem. In 2005 het die maatskappy die Hyundai-toekenning as "Globale Verskaffer van die Jaar" verower. Na afloop van die kortstondige onderbreking van die "Motor Company of Botswana" het Billy Rautenbach besluit om sy Hyundaiproduksie in Suid-Afrika te hervestig. Die modelreeks van die maatskappy was steeds dieselfde bekende modelle, met die Accent, Elantra, Sonata; asook die Tiburon wat gewild was onder Suid-Afrikaners in wedrenne en by dryfaanhangers.
105243
Mark Behr (1963–2015) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer wat in Tanzanië gebore is. Hy het in Afrikaans sowel as Engels geskryf. Sy debuutroman, Die reuk van appels (1993), later vertaal as The Smell of Apples (1995), is in Suid-Afrika met die M-Net-, Eugene Marais- en CNA-literêre prys bekroon, en in die Verenigde Koninkryk met die Betty Trask-toekenning vir die beste debuutroman van die jaar. In 1996 bieg hy oor sy rol as ’n spioen vir die apartheidsregering in die 1980’s. Sy latere romans is Embrace (2000) en Kings of the Water (2009). Mark Carl Behr is op 19 Oktober 1963 op die plaas Mbuyu in die distrik Oljorro naby Arusha in Tanzanië gebore as enigste seun van vier kinders van Michael David Behr en Pat Behr. Die gesin verlaat Tanzanië in 1965 toe die land onafhanklik word van Brittanje en die plase van wit boere in 1964 genasionaliseer word tydens pres. Julius Nyerere se Ujamaa-beleid van Afrika Sosialisme. Die familie vestig hulle in KwaZulu-Natal in Suid-Afrika, waar sy pa diens aanvaar as ’n wildbewaarder en hy sy kinderjare in die natuurreservate deurbring.
139013
Die 2018 Formule Een Japannese Grand Prix is op 7 Oktober 2018 op die Suzuka Internasionale Renbaan in Japan gehou. Dit was die sewentiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees. Pirelli het die volgende bande aan alle spanne verskaf: Lewis Hamilton in 'n Mercedes behaal sy tagtigste voorste wegspringplek van sy loopbaan, met sy spanmaat Valtteri Bottas wat tweede kwalifiseer. Red Bull-jaer Max Verstappen is in die derde plek terwyl die Ferrari-jaer Kimi Raikkonen vierde en sy spanmaat Sebastian Vettel slegs negende kan kwalifiseer, a.g.v. 'n verkeerde bandkeuse. Haasrenjaer Romain Grosjean begin vyfde. Albei bestuurders van Toro Rosso, Brendon Hartley en Pierre Gasly vaar beter as gewoonlik met 'n sesde en sewende plek. Force India-bestuurder Esteban Ocon kwalifiseer agtste, maar ontvang 'n roosterstraf as gevolg van spoed tydens 'n rooivlag-situasie in die derde vrye oefensessie en spring eers elfde weg. Dit stoot Ferrari-bestuurder Sebastian Vettel op na agtste, die ander Force India-bestuurder Sergio Peres na negende plek en Charles Leclerc sluit die top 10 af vir Sauber. (nl) Hamilton pakt tachtigste pole in enerverende kwalificatie Ocon krijgt gridstraf van drie plaatsen in Japan
228887
Alison Sweeney (gebore 19 September 1976) is 'n Amerikaanse aktrise, regisseuse, en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rol in die televisiereeks Days of Our Lives (1965). 1965: Days of Our Lives 1988: Family Man 1989: A Brand New Life 2002: SoapTalk 2004: The Biggest Loser 2008: The Bonnie Hunt Show 2008: Who Are You Wearing 2011: Hollywood Girls Night 2016: Kids Halloween Baking Championship 2016: Kids Sweets Showdown The Chronicle Mysteries 2004: TV Guide Specials: Salute to Soaps 2005: SOAPnet Reveals Hottest Hunks 2007: The Biggest Loser: Did They Keep the Weight Off? 2010: Macy's 4th of July Fireworks Spectacular 2011: Too Fat for 15: The Obesity Crisis 2013: Second Chances 2015: Love on the Air 2015: Murder, She Baked: A Chocolate Chip Cookie Mystery 2015: Murder, She Baked: A Plum Pudding Mystery 2016: Murder, She Baked: A Peach Cobbler Mystery 2016: Murder, She Baked: A Deadly Recipe 2016: The Irresistible Blueberry Farm 2016: Christmas Cookie Challenge 2 2017: Murder, She Baked: Just Desserts 2017: Christmas at Holly Lodge "Alison Ann Sweeney".
232211
Kaili Vernoff (gebore 13 Januarie 1974) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Café Society (2016) en Thoroughbreds (2017), en in die televisiereekse Crisis in Six Scenes (2016) en The Path (2016). 2015: Ratter 2016: Café Society 2017: Thoroughbreds 1996: The High Life 2016: Crisis in Six Scenes 2016: The Path Kaili Vernoff in die Internet-rolprentdatabasis
237029
Die Sud Aviation Vautour (aasvoël) is 'n Franse vegvliegtuig/bomwerper. Dit was aanvanklik ontwerp as 'n medium bomwerper en later as 'n vegvliegtuig. Dit was eers getoets as 'n halfskaal model in 1949 en die volskaal model is begin toets in 1951. Die vliegtuig se uitleg lyk baie soos die van die Yakovlev Yak-28. Die toetse was suksesvol en produksie model S.O. 4050 was uitgerol. Daar drie verskillende modelle: IIA aanvalsvliegtuig - enkelsitplek model toegerus met 'n kanon en bomme IIB tweesitplek bomwerper met spesiale neus vir radar IIN nagvegter, alleweerstoestand met tweesitplekke en onderskeppings radar in die neus Model IIN het sy nooiensvlug op 16 Oktober 1952 voltooi. Die Franse Lugmag het 140 eenhede bestel maar slegs 70 was vervaardig tussen 1957 en 1959. Hulle almal was toegerus met 'n kanon, vuurpyle en missiele en was gebaseer te Tours saam met 'n alleweerstoestande vegvliegtuig eenheid. Hulle is almal vanaf 1973 met die Dassault Mirage F1 vervang. In die laat 1950's het die Israeli Lugmag 'n behoefte gehad vir 'n vegvliegtuig met 'n lang togafstand om vyandelike vliegtuie in diep in vyandelike gebiede aan te val.
237173
Paul Genge (29 Maart 1913 – 13 Mei 1988) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Hot Rods to Hell (1967), Bullitt (1968), en The Outfit (1973), en in die televisiereeks The Wild Wild West (1965). 1967: Hot Rods to Hell 1968: Bullitt 1973: The Outfit 1959: Mr. Lucky 1961: 87th Precinct 1965: The Wild Wild West Paul Genge in die Internet-rolprentdatabasis
259115
Bad Cat is 'n animasiefliek deur Anima Istanbul wat in 2016 vervaardig is. Die hoofkarakter is 'n lelike, onbeleefd kat met die naam Shero. Die film is op 5 Februarie 2016 uitgereik, maar voorbereidings is al so vroeg as 2011 getref. Dit is gebaseer op die strokiesverhaal Kötü Kedi Şerafettin (1996) van die Turkse tekenaar Bülent Üstün. Die hoofkarakters is Shero, sy ouer (die naam Tank), asook sy vriende Riza ('n rot), Rifki ('n meeue) en Misscat, met wie hy later trou. Soos die diere wat in die strate woon, het Shero en sy vriende plesier in 'n omgewing van berugte swak gehalte in Istanbul: hulle gaan uit met meisies, hulle voer van tyd tot tyd oormatige alkohol. Maar op 'n gewone dag kruis hul paaie met mense, en dinge word 'n bietjie skreeusnaakse en onverwagte. Ide, Wendy (2016-06-16). "'Bad Cat': Annecy Review" (in Engels). Screen Daily. Besoek op 2019-05-21. Frater, Patrick (15 Mei 2015).
269147
John Slater (22 Augustus 1916 – 9 Januarie 1975) was 'n Engelse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Othello (1946), Bad Blonde (1953), en Man with a Million (1954), en in die televisiereeks Z Cars (1962). 1942: Gert and Daisy's Weekend 1943: Deadlock 1944: For Those in Peril 1946: Othello 1952: The Faithful City 1952: The Promise 1953: Bad Blonde 1953: Operation Malaya 1954: Man with a Million 1956: Johnny You're Wanted 1957: The Devil's Pass 1961: Three on a Spree 1948: Saturday-Night Story 1952: Eight to a Bar 1957: Pinky and Perky 1957: It's Up to You 1962: Z Cars 1946: The Rose and Crown 1946: Magic 1950: The Whole World Over 1952: Television Christmas Party 1952: The Florentine Apprentice 1953: Television Christmas Party 1955: Dry Rot 1963: Giants of Steam John Slater in die Internet-rolprentdatabasis
270197
Mkhondo NU beslaan die landelike gebied van Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit in die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit. Die oppervlak behels al die dele wat nie onder 'n formele nedersetting van enige grootte resorteer nie. Hierdie Mpumalanga-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
277685
Dora Altmann (20 Februarie 1881 – 24 Desember 1971) was 'n Duitse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Als ich noch der Waldbauernbub war... (1963) en Mathias Kneissl (1971), en in die televisiereekse Die fünfte Kolonne (1963) en Alpha Alpha (1972). 1963: Als ich noch der Waldbauernbub war... 1971: Mathias Kneissl 1963: Die fünfte Kolonne 1972: Alpha Alpha 1966: Endkampf 1969: Das Wunder des heiligen Florian Dora Altmann in die Internet-rolprentdatabasis
281465
Hierdie artikel behoort skoongemaak te word, omdat die bewoording nie voldoen aan 'n Neutrale Standpunt nie; die neutraliteit van die artikel is wel nie noodwendig in dispuut nie. FOSAGAMS (Die Suider- Afrikaanse Federasie van Siersteen- en Mineralogiese Verenigings) is die oorkoepelende liggaam waarby al die klubs in Suider-Afrika wat met die versameling van minerale en sierstene en aanverwante aktiwiteite gemoeid is, geaffilieer is. In die jare sestigs het ‘n paar versiende persone besef dat daar ‘n behoefte is om al die klubs tot ‘n federasie te bind. Hulle het ook besef dat met die stigting van so ‘n federasie dit net tot voordeel van almal sal wees. Die federasie is op 3 September 1966 in Kimberley gestig. Die doelstellings van die federasie is om behulpsaam met die stigting van aardwetenskaplike klubs en verenigings te wees en om die belange van die stokperdjiegeesdriftiges in lapidêre- en minerale versamelings en alle aanverwante wetenskappe te bevorder. Daar word een keer per jaar ‘n Jamboree gehou. ‘n Jamboree is wanneer al die klubs van oor Suider-Afrika gedurende die Paasnaweek bymekaar kom.