id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
95817
Die Gereformeerde kerk Burgersdorp is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die destydse Kaapprovinsie. Dit is op 21 Januarie 1860 gestig, sowat 11 maande ná die Kerk se stigting op Rustenburg op 11 Februarie 1859. Burgersdorp was dekades lank die grootste Gereformeerde kerk in die Kaapkolonie en omdat die dorp van 1869 tot einde 1904 die Kerk se Teologiese Skool gehuisves het, ook die belangrikste. In 1872, toe daar nog net 10 gemeentes in die Boererepublieke en sewe in die Kolonie was, het Burgersdorp 'n lidmaattal van 989 gehad, vergeleke met Reddersburg in die Oranje-Vrystaat se 714. Vir daardie jaar het geen Transvaalse kerk statistieke na die Almanak ingestuur nie. Van die nege gemeentes wat wel statistieke verskaf het, was Middelburg, Kaap die derde grootste met 537 lidmate en Colesberg vierde met 225 lidmate. In die loop van 1872 is die ander gemeente in die Kolonie wat bestem was om 'n groot rol te speel danksy sy bemoeienis met die Gereformeerde en Christelik-nasionale onderwys, Steynsburg, van Burgersdorp afgestig.
102249
Swartklip is 'n dorpie in die Limpopo provinsie, Suid-Afrika. Die dorp lê 52 km suid van Thabazimbi. Bierspruit "Subplek Swartklip". Sensus 2011.
112575
Francois du Plessis is (1918 - 1995) op 8 Januarie 1918 op Petrusville gebore, waar hy ook groot word en sy skoolopleiding ondergaan. Hy is bekend as skrywer. Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die B.A.-graad in 1938, terwyl hy dieselfde jaar lid is van die Unie Debatsvereniging en ook op die Studenteraad dien. In 1939 sluit hy hom aan by die Parlementêre Biblioteek, terwyl hy terselfdertyd klasse in Biblioteekkunde loop aan die Universiteit van Kaapstad. In 1943 word hy aangestel as organiseerder vir die Vereniging vir Boekedistribusie, wat later die Kaapse Biblioteekdienste word. Hy help om die Kaapse Biblioteke, ’n orgaan van die Biblioteekdienste, te ontwikkel en is ook verantwoordelik vir die Kaapse Biblioteek Uitbreidingsvereniging, wat biblioteekdienste vir die Kleurlinggemeenskap bevorder. In 1945 sluit hy as onder-bibliotekaris by die Universiteit van Stellenbosch aan en gee vanaf 1956 tot 1961 klas in Boekkeuse en Naslaanwerk by die nuutgestigte Departement van Biblioteekkunde. Vanaf 1967 is hy hoofbibliotekaris, ’n posisie wat hy tot met sy aftrede in 1983 beklee. Tussen 1962 en 1964 is hy voorsitter van die Suid-Afrikaanse Biblioteekvereniging.
114063
Anoeschka von Meck (gebore 25 Maart 1967) is ’n Afrikaanse skrywer. Anoeschka von Meck is op 25 Maart 1967 as die oudste van 6 kinders gebore (Shando, Dewald, Erik, Rachel en Bijon). Die gesin (haar ma en boere-stiefpa) het in die distrik Mariental gewoon en later na Hentiesbaai aan die kus verhuis. Haar biologiese pa was die flambojante Vloog Theron, wat berugtheid verwerf het met sy vele twyfelagtige sakebedrywighede in Suid-Afrika en Amerika nadat hy aanvanklik een van die mees briljante regstudente aan die Universiteit van Stellenbosch was.[verwysing benodig] Daar is aanvanklik verwag dat hy die jongste regter ooit in die land sou wees, maar ná sy skorsing en die daaropvolgende dood van sy pa, het Vloog nooit herstel nie. (Hy is geskors nadat hy en 'n groep vriende 'n lektor se dogter se hare gekleur het - met haar toestemming. Die universiteit het gevoel hulle moet 'n voorbeeld van hom maak omdat Vloog té veel gewildheid onder die studente geniet het. Hy het onder meer 'n sirkus-olifant "gegaps" en vir 'n wyle na sy koshuis, Simonsberg, gebring.)
120405
Spinel is 'n mineraal met chemiese formule Mg2+Al3+2O4. Die mineraal het 'n kubiese kristalstruktuur wat die argetipe is vir die strukturbericht-klassifikasie se H11-struktuur. Hierdie struktuurtipe word gewoonlik die spinel-struktuur genoem en daar is talle minerale met 'n algemene formule M(II)M(III)2O4 wat hierdie struktuur het. Daar is ook sulfiede wat dié struktuur besit. Hulle word tiospinelle genoem. Die spinelstruktuur is afgelei van die kubiese digpakking. Dit is 'n 2x2x2 superstruktuur van die kubiese digpakking se eenheidsel met Z=8 formule-eenhede in die sel. Daar is daardeur 8*4= 32 suurstofatome in die supersel. Daar is ook 8*4=32 oktaëdriese interstisiële holtes en 8*8=64 tetraëdriese holtes. Die divalente Mg2+-ione beset 1/8 van die tetraëdriese holtes en die trivalente Al3+ ione beset 1/2 van die oktaëdriese holtes. Daar is egter ander minerale wat 'n spinel-struktuur het soos magnetiet waar dit anders is. In magnetiet beset die divalente ione saam met die helfte van die trivalente ione die oktaëderholtes, terwyl die ander helfte van die trivalente ione beset word. Dit word die omgekeerde spinelstruktuur genoem. "mindat 3729" (in Engels).
235499
Miles Davis (26 Mei 1926 – 28 September 1991) was 'n Amerikaanse jazz musikant en akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Sneakers (1992), In the Line of Fire (1993), Finding Forrester (2000), en Zodiac (2007). 1958: Elevator to the Gallows 1968: Symbiopsychotaxiplasm: Take One 1970: Jack Johnson 1983: Miles Davis live in Europe 1991: Dingo 1992: Sneakers 1993: In the Line of Fire 2000: Finding Forrester 2004: Miles Electric: A Different Kind of Blue 2006: Marilyn Mazur: Queen of Percussion 2007: Zodiac 2011: Miles Davis: Live at Montreux Highlights 1973 to 1991 2013: Human Geography 2015: Hôtel La Louisiane 2017: Mr. Pori Jazz 2018: Play That, Teo 1986: The Dick Cavett Show 1986: VH1 New Visions 1959: The Sound of Miles Davis 1987: On the Edge 1992: Miles Davis and Friends 2005: Keith Jarrett: The Art of Improvisation 2009: 1959: The Year That Changed Jazz 1993: Miles Davis & Quincy Jones: Live at Montreux 2000: Miles Davis: Live from the Montreal Jazz Festival 2003: Lennon Legend: The Very Best of John Lennon 2015: Marcus Miles Davis in die Internet-rolprentdatabasis Miles Davis op Twitter Miles Davis op Facebook
254765
William Hartnell (8 Januarie 1908 – 23 April 1975) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Brighton Rock (1948), Escape (1948), en Carry On Sergeant (1958), en in die televisiereeks Doctor Who (1963). 1933: The Lure 1933: Follow the Lady 1933: I'm an Explosive 1934: Seeing Is Believing 1934: The Perfect Flaw 1934: Swinging the Lead 1936: Nothing Like Publicity 1944: Strawberry Roan 1945: The Agitator 1945: Query 1946: Appointment with Crime 1947: Temptation Harbor 1948: Brighton Rock 1948: Escape 1950: Double Confession 1951: The Dark Man 1956: Tons of Trouble 1957: Scotland Yard Dragnet 1957: Battle Hell 1957: Date with Disaster 1958: Carry On Sergeant 1958: On the Run 1959: The Mouse That Roared 1959: Make Mine a Double 1960: Piccadilly Third Stop 1960: And the Same to You 1960: Jackpot 1963: This Sporting Life 1963: The World Ten Times Over 1963: To Have and to Hold 1957: The Army Game 1958: Dial 999 1963: Doctor Who 1969: Life with Johnny 1953: Seagulls Over Sorrento 2006: Kenneth Williams: In His Own Words 1991: Doctor Who: The Troughton Years 1991: Doctor Who: The Hartnell Years 1992: Cybermen: The Early Years 1992: Doctor Who: Daleks - The Early Years 1998: Doctor Who: The Missing Years 1999: Doctor Who: The Crusade 2002: Remembering 'The Aztecs' 2002: Restoring 'The Aztecs' 2006: Inside the Spaceship: The Story of the TARDIS 2006: Masters of Sound 2006: The U.N.I.T Family: Part One 2006: Love Off-Air 2007: Beginning the End: Making 'The Time Warrior' 2009: Dennis Spooner: Wanna Write a Television Series? 2010: Ian Levine: Mission to the Unknown William Hartnell in die Internet-rolprentdatabasis
256223
Mhlobo Wabantwana Jadezweni (gebore 14 Junie 1954) is 'n Suid-Afrikaanse akademikus en skrywer. Hy het grade aan die Universiteit van Fort Hare en Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is sedert 1983 aan die Departement Afrikatale aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde, waar hy Xhosa-literatuur en -taal onderrig, en Xhosa-poësie bestudeer. Hy het gedien op verskeie Xhosa-taal rade sedert 1984 en is voorsitter van Universiteit van Fort Hare se isiXhosa Leksikografie-eenheid. Jadezweni is op 14 Junie 1954 in Idutywa, Oos-Kaap, gebore. Hy het sy skoolonderrig aan St John's College in Mthatha ontvang. Hy het 'n BA-graad aan die Universiteit van Fort Hare en sy BA Hons en MA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy het sy onderwysdiploma in 1974 by Cicira-onderwysersopleidingskollege voltooi en by skole in die Transkei onderrig gegee. In 1983 het hy by die Departement Afrikatale aan die Universiteit Stellenbosch aangesluit. Hy was 'n gas-akademikus aan die Universiteit van Leipzig in 1998-1999 en aan die Universiteit van Bayreuth in 2002.
272171
Chris Vance (gebore 30 Desember 1971) is 'n Engelse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Macbeth (2006) en in die televisiereekse Prison Break (2005), Dexter (2006), en Supergirl (2015). 2006: Macbeth 2005: Prison Break 2006: Dexter 2009: Mental 2012: Transporter: The Series 2015: Supergirl Chris Vance in die Internet-rolprentdatabasis
13684
Die Îlots des Apôtres of Îles des Apôtres (Aposteleilande) is omtrent 15 km noordoos van Île aux Cochons geleë. Dit is deel van die Westelike groep (Frans: L'Occidental) van die Crozeteilandgroep, 105 km Noordwes van Île de la Possession. Dit bestaan uit 'n klein groep rif en loodregte eilande. Die hoofeilande is Grande Île (2 km2) en Petite Île (1 km2). Grande Île is 3 km lank. Die belangrikste klein eilandjies en rotse is: le Donjon, l'Obélisque, le Hangar, l'Enclume, le Caillou, la Grande Aiguille et la Petite Aiguille, le Rocher Percé, le Rocher Fendu, le Rocher Nord en le Rocher Sud. Die styl kushange maak toegang vanuit die see byna onmoontlik en die eilande is dus baie selde deur mense besoek en daar is geen uitheemse dierspesies nie. Die eilande is dus grootliks in ongerepte toestand. Die hoogste punt is Mont Pierre (290 meter) op Grande Île. Engelse en Amerikaanse Robjagters het die eilande in die 19de eeu die naam the Apostles gegee as gevolg van die bestaan van 12 hoof eilandjies.
18652
Die Frans-Nederlandse Oorlog (1672–1678) was 'n oorlog tussen die Koninkryk van Frankryk, die Bisdom van Münster, die Bisdom van Keulen en Engeland teen die Nederlandse Republiek. Die Heilige Romeinse Ryk en Spanje het later by Nederland aangesluit om 'n viervoudige alliansie te vorm. Die oorlog is beëindig met die Verdrag van Nijmegen (1678). Die verdrag het Frankryk beheer van die Franche-Comté gegee wat te vore aan Spanje behoort het. Frankryk het 'n koalisie gelei wat die Bisdom van Münster, die Bisdom van Keulen en Engeland ingesluit het. Die koalisie het deur die Verdrag van Dover, 'n geheime verdrag wat in 1670 tussen Karel II van Engeland en Lodewyk XIV van Frankryk gesluit is, ontstaan. Lodewyk XIV was vies oor die Nederlanders se weiering om saam te werk ter vernietiging en verdeling van die Spaanse Nederlande. Aangesien die Nederlandse weermag sedert 1648 verwaarloos is, het die Franse geen probleme ondervind nadat hulle onverwags by die fort van Maastricht verbygemarsjeer en Utrecht oorgeneem het nie. Daar word aangeneem dat Prins Willem III van Oranje die leidende Nederlandse politikus Johan de Witt afgeset en vermoor het en as stadhouer verklaar is.
34984
Wikitravel is 'n webwerf wat poog om 'n volledige, op-datum, en betroubare reisgids oor alle wêrelddele op die Internet beskikbaar te maak. Die webwerf gebruik die MediaWiki-sagteware wat ook op Wikipedia gebruik word. Wikitravel is nou in 19 tale beskikbaar, onder ander in Nederlands, Engels, Duits, Frans, Japannees, Roemeens en Sweeds. Ongelukkig is dit nog nie in Afrikaans beskikbaar nie. Wikitravel is nie 'n sustersprojek van die Wikimedia Stigting nie, maar is wel afgelei van Wikimedia. Teks op Wikipedia word onder die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie geplaas, terwyl Wikitravel die "Creative Commons Attribution ShareAlike" (CC-BY-SA) lisensie gebruik. Die nadeel hiervan is dat teks nie met Wikimedia projekte gedeel of uitgeruil mag word nie. Wikivoyage (en) Wikitravel se tuisblad
54328
Venray (Limburgs: Venroj) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die provinsie Noord-Brabant en aan die Maas-rivier, en wat grotendeels in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 43 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 146 km². Die munisipaliteit is 'n belangrike plek vir geestelike gesondheid en logistiek. Die munisipaliteit huisves ook 'n Duitse weermag grafplek (eerste en tweede wereldoorlog). Geskiedenis kundig het die Sint Petrusbandenkerk in Venray 'n belangrike versameling beelde van heilige wat die Beeldenstorm oorleef het. Soos in die res van Limburg praat baie mense 'n Limburgs dialek. Plekke in die munisipale gebied van Venray: Blitterswijck, Castenray, Geijsteren, Heide, Leunen, Merselo, Oirlo, Oostrum, Smakt, Venray (dorp), Veulen, Vredepeel, Wanssum en Ysselsteyn. (nl) Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Venray. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
86110
Paprika is 'n spesery gemaak van fyngemaalde, gedroogde vrugte van Capsicum annuum, óf soetrissie of chilipeperrasse of mengsels daarvan. Paprika word dikwels geassosieer met Hongarye, want dit word algemeen in die Hongaarse kookkuns gebruik. Spanje en Portugal het Capsicum annuum van die Amerikas na die Ou Wêreld ingevoer. Spaanse Pimentón, soos dit daar bekend is, het dikwels 'n rokerige smaak as gevolg van hoe die Spaanjaarde dit gedroog het. Sommige weergawes van paprika en Pimentón is gerook. Die geurmiddels word in baie kombuise gebruik om kleur en geur aan geregte te verleen, maar dit word gewoonlik geassosieer met Turkye, Spanje, Portugal, Griekeland, Hongarye, Roemenië, Kroasië, Serwië, Bulgarye, Marokko en Suid-Afrika. Emmons, Didi, Vegetarian Planet: 350 Big-Flavor Recipes for Out-Of-This-World Food Every Day, p. 437, http://books.google.fi/books?id=UzINyuVUDz4C&pg=PT450  Simply Bill – Bill Granger. p. 49. Raising the Bar: Better Drinks Better Entertaining – Nick Mautone. p. 215. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
208808
Peter Haskell (15 Oktober 1934 – 12 April 2010) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Child's Play 2 (1990) en Child's Play 3 (1991), en in die televisiereekse Bracken's World (1969) en Rich Man, Poor Man - Book II (1976). 1966: Passages from James Joyce's Finnegans Wake 1974: Christina 1974: The Legend of Earl Durand 1982: Forty Days of Musa Dagh 1989: Riding the Edge 1990: Child's Play 2 1991: Child's Play 3 1967: The Medicine Men 1969: Bracken's World 1976: Rich Man, Poor Man - Book II 1976: 50 Grand Slam 1977: I Am the Greatest!: The Adventures of Muhammad Ali 1984: Rituals 1987: The Law and Harry McGraw 1971: Love Hate Love 1972: The Eyes of Charles Sand 1974: The Suicide Club 1977: The Night They Took Miss Beautiful 1978: Superdome 1979: The Cracker Factory Peter Haskell in die Internet-rolprentdatabasis
21992
Die diachroniese taalkunde (ook historiese taalkunde) is die studie van taalverandering waar dit oor die finale effek van die veranderinge gaan en nie, soos in die sinchroniese taalkunde, oor die veranderinge self nie. Dit dek vyf hoofgebiede: om merkbare veranderinge in spesifieke tale te beskryf en redes daarvoor te voorsien; om die voorgeskiedenis van tale te rekonstrueer, hulle onderlinge verband vas te stel en hulle in taalfamilies te groepeer (vergelykende taalkunde); om algemene teorieë te vorm oor hoe en waarom taal verander; om die geskiedenis van spraakgemeenskappe te beskryf; om die geskiedenis (etimologie) van woorde te bestudeer. Die moderne diachroniese taalkunde dateer uit die laat 18de eeu en het ontwikkel uit die vroeëre dissipline van filologie, die studie van antieke tekste en dokumente, wat tot die oudheid teruggaan. Aanvanklik was diachroniese taalkunde vergelykend van aard en was dit hoofsaaklik gemoeid met die vasstelling van taalfamilies en die rekonstruksie van prehistoriese tale deur gebruik te maak van die vergelykende metode en interne rekonstruksie. Die fokus was op die welbekende Indo-Europese tale, waarvan 'n baie uitgebreide opgetekende geskiedenis gehad het.
219277
Soenni (Arabies: سُنِّي, Sunnī) is die grootste tak van Islam. Die naam kom van die woord "Soenna", wat as die voorskrifte van die profeet Mohammed beskou word. Die verskil tussen Soenni en Sjia is dat hulle glo verskillende kaliefs het Mohammed opgevolg; dit het later groter politieke, teologiese en juridiese afmetings aangeneem. Soenni word ook Soennisme genoem en hul aanhangers Soenni's of Soenniete. Volgens die Soennitiese tradisie het Mohammed nie ’n opvolger aangewys nie en sy volgelinge het dus ná sy dood sy skoonpa, Aboe Bakr, in ooreenstemming met die Soenna as die eerste kalief gekies. Dit bots met die siening van die Sjiiete, wat glo Mohammed het sy skoonseun en neef Ali ibn Abi Talib tydens die gebeure by Ghadir Khumm as sy opvolger aangewys. Ali het eindelik die vierde kalief geword. Anders as die drie kaliefs voor hom, was hy van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim. Die feit dat hy ’n bloedverwant van Mohammed was, is nog ’n rede hoekom die Sjiiete hom as die profeet se regmatige opvolger beskou.
30260
Grammatika is die studie van die reëls wat die gebruik van 'n gegewe natuurlike taal bepaal, en, as sodanig is dit 'n veld van taalkunde. Tradisioneel het grammatika morfologie en sintaks ingesluit; in moderne taalkunde word die subvelde aangevul deur fonetiek, fonologie, semantiek, en pragmatiek. Dieselfde term word ook toegepas op enige stel reëls; dus, daar kan gesê word dat elke taal sy eie bepaalde grammatika het. Dus verwys "Afrikaanse grammatika" na die reëls van die Afrikaanse taal self, terwyl "’n Afrikaanse grammatika" verwys na 'n spesifieke studie of analise van die reëls. 'n Volledige eksplisiete grammatika wat die grammatikale konstruksies van 'n taal omvattend beskryf is 'n beskrywende grammatika. Spesifieke soorte grammatikas, of benaderings tot die konstruksie daarvan, staan bekend as grammatikale raamwerke. Die standaard raamwerk, generatiewe grammatika is die transformasionele grammatikamodel wat in die 1950's tot 1980's deur Noam Chomsky ontwikkel is. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir grammatika. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
49515
'n Skool is 'n instelling waar onderwys verskaf word. Onderwysers gee lesse en hou toesig oor die leerproses waartydens leerlinge geskool word. Vandag vereis meeste lande dat kinders vir 'n aantal jare skool bywoon, sodat hulle hulself beter kan bekwaam. Van die kundigheid wat in skole aangeleer word sluit in lees- en skryfvaardighede, basiese wiskunde en taalvaardighede. Verpligte onderwys in Suid-Afrika begin met laerskool en eindig met hoërskool. Na hoërskool kan leerlinge wat daarvoor kwalifiseer verder by 'n tersiêre onderwysinstelling gaan studeer. Onderwys Leerling Kleuterskool, voorskoolse onderrig Laerskool, primêre onderrig Hoërskool, sekondêre onderrig Universiteit, tersiêre onderrig Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
25236
Die Stade de France (Frans: [stad də fʁɑ̃s], letterlik: "Stadion van Frankryk") is 'n sokker- en rugbystadion in Saint-Denis, Frankryk, net noord van Parys. Dit het sitplek vir ongeveer 80 000 toeskouers en is die grootste stadion in Frankryk. Die stadion is ingehuldig op 28 Januarie 1998 met 'n sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje. Die stadion, wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebou is, is ook ontwerp vir ander sportsoorte, soos rugby, atletiek, motorrenne asook konserte en ander groot opvoerings. Dit word deur die Franse rugbyspan tydens die Sesnasies-toernooi en ander internasionale wedstryde gebruik. Die Franse sokkerspan gebruik die stadion ook vir byna alle vriendskaplike wedstryde en dit was in dié stadion dat die span Brasilië 3–0 geklop het in die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Parys se hoofrugbyklub, Stade Français, het in die afgelope aantal jare ook die stadion gereeld as tuisveld gebruik. Die Stade de France dien verder elke jaar as die terrein vir die Top-14 Franse binnelandse rugbykampioenskap, die Coupe de France-sokkerbekertoernooi en die Franse sokkerligabeker.
21804
Balthazar Johannes (John) Vorster (13 Desember 1915 – 10 September 1983) het dr. Hendrik Frensch Verwoerd met laasgenoemde se sluipmoord op 6 September 1966 opgevolg as Eerste Minister van Suid-Afrika en so die sewende Eerste Minister sedert Uniewording geword. Hy was ook 'n kort tydperk van 1978 tot 1979 die Staatspresident van Suid-Afrika. Balthazar Johannes (John) Vorster is op 13 Desember 1915 in Jamestown in die huidige Oos-Kaap gebore. Hy was die dertiende van die 14 kinders van Willem Carel Vorster en Elizabeth Wagenaar, wat op die plaas Spitskop gewoon het. Hy het sy hoërskoolloopbaan op Sterkstroom voltooi, en in 1936 die BA-graad in die regte en in 1938 die graad LLB aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Op Stellenbosch was hy primarius van John Murray-huis (Dagbreek), lid van die studenteraad en voorsitter van die Junior Nasionale Party. Na voltooiing van sy studie het Vorster griffier van die Regterpresident van die Kaapprovinsie geword. Aan die einde van 1938 het hy as prokureur in Port Elizabeth begin praktiseer, waar Tini Malan, wat hy in sy studentejare reeds leer ken het, as maatskaplike werker werksaam was.
256617
Die Lombard-vierling is in 1951 in Calvinia gebore. Mev. Johanna Lombard (“Hannie Vierling”) van Loeriesfontein was reeds die moeder van twee dogters toe sy die lewe skenk aan vier identiese seuns. Hulle was in geboortevolgorde met hul gewigte by geboorte Nicolaas Daniël (1.8kg), Johannes Jacobus de Waal (2.6kg), Johannes Petrus Paulus (2.5kg), en De Villiers (1.6kg). Alhoewel 'n meervoudige geboorte verwag is, was 'n vierling 'n verrassing. Die voorkoms van vierlinge is slegs 1 op 'n 600 000 geboortes. Alhoewel die hospitaal op Calvinia toe nie oor 'n broeikas beskik het nie, het die kinders oorleef. Hoe groter die aantal babas in een swangerskap, hoe kleiner die kans op oorlewing. Die bevalling is waargeneem deur dr. J.N. de Villiers en sy vrou dr. Geraldine de Villiers, Dr. De Villiers het later professor in die ginekologie en nog later rektor van die Universiteit van Stellenbosch geword. Rosenkowitz-sesling
275367
Markus Hoffmann (2 Januarie 1971 – 16 Januarie 1997) was 'n Duitse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die televisiereekse Auto Fritze (1993), Die Wache (1994), en Verbotene Liebe (1995). 1993: Auto Fritze 1994: Die Wache 1995: Verbotene Liebe Markus Hoffmann in die Internet-rolprentdatabasis
277617
Karin Dor (22 Februarie 1938 – 6 November 2017) was 'n Duitse aktrise.
51284
Toksoplasmose is 'n infektiewe toestand wat veroorsaak word deur die protozoa Toxoplasma gondii. Die infeksie word geklassifiseer as 'n soönose, 'n siekte wat deur nie-menslike diere gedra word en toevallig aan mense oorgedra word. Toksoplasmose is gewoonlik 'n asimptomatiese infeksie, maar in sekere gevalle, by name kongenitale infeksie of immuunonderdrukking, kan dit meer gevaarlik wees. T. gondii se definitiewe gasheer is die huiskat (Felis catus). Die parasiet se infektiewe eiers, bekend as oösiete, word via die feses aan mense oorgedra (fekaal-orale oordrag). Inname by 'n mens vind plaas wanneer die persoon die eiers in rou of swak gekookte vleis inneem, of wanneer hy in kontak met die eiers in die feses van 'n geïnfekteerde kat, byvoorbeeld vanuit die kat se sandput. Mense wat aan T. gondii blootgestel is, produseer teenliggaampies teen die organisme. Hierdie antiliggaampies bly voortbestaan in die bloed van die persoon, 'n toestand bekend as seropositiwiteit. Seropositiwiteit is op sigself nie gevaarlik nie.
35672
Toledo is 'n stad in Kastilië-La Mancha van Spanje met 'n bevolking van 83 108 in 2011. Toledo was tussen 1087 en 1561 die hoofstad van die koninkryke van Kastilië en Spanje. In 1561 het koning Filips II die hoofstad ná Madrid geskuif, weens die stad se sentrale ligging tot die hawens van die Iberiese Skiereiland. Die historiese sentrum van Toledo is in 1986 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die stad is langs die Tajorivier geleë. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toledo. (en) Toerisme-inligting oor Toledo op Wikivoyage (es) Amptelike webwerf (en) "Toledo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Maart 2019. (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy Hierdie Spanje-verwante artikel is 'n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.
39692
Inkubasie is 'n vakterm uit die biologie wat verwys na 'n tydperk van ontwikkeling by voëls en ander organismes soos bakterieë. In die voëlryk verwys "inkubasie" na die tydperk wat die volwasse voël op die eiers broei/dit warm hou en waarin die embrio ontwikkel totdat dit gereed is om die dop van binne oop te breek en buite die eier te leef. Die tydsduur van inkubasie hang hoofsaaklik af van twee faktore – die grootte van die eier en die tempo waarteen die embrio ontwikkel. Vir 'n volle broeisel word die tyd van inkubasie bepaal vanaf die dag waarop die laaste eier gelê is tot die dag waarop laaste eier uitbroei. Oor die algemeen geld die volgende reël: Hoe groter die eier, hoe langer is die tyd van inkubasie. Verder bepaal die ligging van die nes en die struktuur van die nes ook hoe lank inkubasie sal duur. Vir eiers in toe neste en weggesteekte neste is die inkubasietyd langer, maar in oop en blootgestelde neste is dit weer korter. Voëls wat op die grond nesmaak het dus oor die algemeen 'n korter inkubasietyd as voëls waarvan die neste in bome of bo grondvlak is.
39758
Eduard VI (Engels: Edward VI; 12 Oktober 1537 - 6 Julie 1553) is op 28 Januarie 1547 gekroon as koning van Engeland en Ierland toe hy nege jaar oud was. Hy was die seun van Hendrik VIII en Jane Seymour, die derde monarg van die Huis van Tudor en Engeland se eerste Protestantse heerser. Tydens sy bewind is Engeland deur regente regeer, want hy is op 15-jarige ouderdom oorlede. Eduard se bewind is gekenmerk deur ekonomiese probleme, die militêre onttrekking aan Skotland en sosiale onrus wat in 1549 gelei tot opstande en rebellies. Die Anglikaanse Kerk het in sy tyd ’n herkenbare Protestantse liggaam geword. Eduard het sy niggie lady Jane Grey as sy erfgenaam aangewys en sy twee halfsusters, die Katolieke Maria I en die Protestantse Elizabeth I, uitgesluit van die troonopvolging. Dié keuse was ongewild en Jane is ná net nege dae van die troon afgesit en Maria is aangewys as koningin. Prins Edward is op 12 Oktober 1537 in Hampton Court-paleis wes van Londen gebore. Hy was die seun van Hendrik VIII en sy derde vrou, Jane Seymour.
37748
The Rolling Stones (gereeld afgekort tot The Stones) is 'n rock 'n' roll-groep wat uit vyf Britse jongelinge bestaan het, naamlik Mick Jagger, Brian Jones, Keith Richards, Charlie Watts en Bill Wyman. Op 3 Julie 1969 is Brian Jones in sy swembad oorlede en Mick Taylor het hom vervang. Toe Mick Taylor die groep in 1974 verlaat, het Ron Wood aangesluit. Daarna het Bill Wyman die groep in 1992 verlaat. In 2009 het die groep uit Mick Jagger op voorsang, Keith Richards op kitaar, Ron Wood op kitaar en Charlie Watts op die tromstel, bestaan.
56444
Kampsbaai is 'n voorstad en vakansieoord in Kaapstad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die voorstad is genoem na Von Camptz 'n amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aan wie die plaas Ravensteyn, langs Kloofnek, behoort het. Kampsbaai is vroeër gebruik as 'n kuswoning vir menige vroeëre Britse Goewerneurs. The Round House, onderkant Kloofnek, was lord Charles Somerset se jaghuis. Kampsbaai was eers deel van Woodstock se munisipaliteit. Sy vooruitgang het begin met die bou van 'n tremlyn om Leeukop in 1902. Dit is sedertdien deur busse vervang. Kampsbaai het deel geword van Kaapstad in 1913 toe verskeie klein munisipaliteite saamgesmelt het. Die strand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer. Die Twaalf Apostels, deel van die Tafelbergreeks, kyk oor Kampsbaai uit. Subplek Kampsbaai 2011-sensus Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal 1967 Hierdie Wes-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
57326
Genl. ds. Paul Hendrik Roux (Hopetown, 28 September 1862 – Beaufort-Wes, 8 Junie 1911) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ’n krygsman in die Anglo-Boereoorlog. Terwyl Dirk Hendrik Roux van die Paarl en sy eggenote, gebore Wiid, op Hopetown op besoek was, is hul oudste seun, Paul Hendrik, gebore. Hy dra die naam van die stamvader, Paul Roux, wat in 1688 as een van die Hugenote in die Kaap aan wal gestap het en baie jare lank die welbekende sieketrooster, onderwyser en voorleser van die Hugenote-gemeente in Drakenstein was, die latere NG gemeente Paarl. Ds. Roux se moeder – van Deense afkoms – was die ma van 15 kinders. Sy vroegste opleiding ontvang Paul Hendrik op Zeederberg-plein in die Paarl aan die privaat skooltjie van ene mev. Rozensweig. Vir sy middelbare onderwys is hy na die Paarlse Gimnasium waar hy in 1882 gematrikuleer het. Op 17-jarige ouderdom was hy op die punt om in diens van Onze Jan Hofmeyr se De Zuid-Afrikaan te tree as koerantskrywer, maar onder die opwekkingsdienste van ds. (later dr.)
62096
Tsjeljabinsk-oblast (Russies: Челя́бинская о́бласть, Tsjeljabinskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland in die Oeralgebergte, op die grens tussen Europa en Asië. Dit lê in die Federale Distrik Oeral en die hoofstad is Tsjeljabinsk. Die oblast het volgens die Russiese sensus van 2010 ’n inwonertal van 3 476 217. Gedurende die Middeleeue het Basjkiriese stamme die suidelike streek van die Oeralgebergte bewoon. Hulle was deel van die Goue Horde, Nogai-horde en kleiner Basjkiriese groepe. Die Tsaredom Rusland het die gebied in die laat 16de eeu beset. Die Russiese kolonisasie van die streek het egter eers in die 18de eeu begin, met die vestiging van ’n stelsel forte en handelsposte in 1734 aan wat toe die Russiese grens was. Baie stede in die oblast, ook Tsjeljabinsk self, kan hulle geskiedenis na hierdie forte terugspeur. In 1743 het die Tsjeljabinsk-fort die middelpunt geword van die Iset-provinsie, ’n deel van die Orenburg-goewernaat. Van die 1750's tot 1770's het nywerhede in die suidelike Oeral hulle verskyning begin maak. Nadat die streek herstel het van die Poegatsjof-rebellie van 1773-1775, het die gebied van die hedendaagse oblast meer mense uit die Europese deel van Rusland gelok.
69890
Messier 74 of M74 (ook bekend as NGC 628) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 32 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Visse. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien. M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre. Twee supernovas is al in M74 waargeneem: SN 2002ap en SN 2003gd. SN 2002ap het besondere belangstelling gewek omdat dit een van die min tipe Ic-supernovas (of hipernovas) is wat in onlangse jare binne 10 miljoen parsek van die Aarde af gesien is. SN 2003gd is a Tipe II-P-supernova. Tipe II-supernovas het bekende helderhede en hul afstande kan dus akkuraat gemeet word. Deur SN 2003gd te gebruik, kan die afstand na M74 bepaal word as 9,6 ± 2,8 megaparsek, of 31,9 miljoen ligjare. M74 is die helderste stelsel in die M74-groep, ’n groep van 5-7 sterrestelsels, insluitende die eienaardige spiraalstelsel NGC 660 en ’n paar onreëlmatige stelsels.
70976
Die Strelitziakus is dié gedeelte van die suidkus van KwaZulu-Natal tussen die Mzimkulurivier, naby Umtentweni, en Durban. Dit word so genoem weens die voorkoms van welige bosse wilde piesangs, lede van die strelitzia-familie. Lys van streeksname in Suid-Afrika. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
112292
Die 2011 Formule Een Chinese Grand Prix is op 17 April 2011 op die Shanghai Internasionale Renbaan in China gehou. Dit was die vierde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen.
119918
'n Outeur word eng gedefinieer as die skepper van enige geskrewe werk en kan dus ook as 'n skrywer beskryf word. Die onderskeid lê gewoonlik daarin dat 'n outeur die skrywer van een of meer groot werke, soos boeke of dramas, is. In die kopieregwette van verskeie regsgebiede is daar min buigsaamheid rakende dit wat as outeurskap geld. Die Kopieregkantoor van die Verenigde State definieer kopiereg byvoorbeeld as "'n vorm van beskerming wat die wette van die Verenigde State aan outeurs van oorspronklike werke … bied". Om "outeur" van enige "literêre, dramatiese, musikale, artistiese of sekere ander intellektuele werke te wees, verleen sekere regte aan hierdie persoon (die eienaar van die kopiereg), veral die eksklusiewe reg om enige produksie of verspreiding van hulle werk te magtig of daarby betrokke te wees. Enige persoon of entiteit wat intellektuele eiendom wil gebruik wat deur kopiereg beskerm word, moet die kopiereghouer se toestemming ontvang om hierdie werk te gebruik, en sal dikwels gevra word om vir die gebruik van die materiaal te betaal.
194350
Didiscus stylifer is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Didiscus en tot die familie Heteroxyidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1969 deur Tsurnamal. Van Soest, R. (2011). Didiscus stylifer Tsurnamal, 1969. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=165978. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
214414
Atticus Shaffer (gebore 19 Junie 1998) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Hancock (2008), The Unborn (2009), en Frankenweenie (2012), en in die televisiereeks The Lion Guard (2016). 2008: Hancock 2009: The Unborn 2012: Frankenweenie 2018: I'll Be Next Door for Christmas 2009: The Middle 2016: The Lion Guard 2017: Pete the Cat 2018: Harvey Street Kids Atticus Shaffer in die Internet-rolprentdatabasis
265924
Serge Henri Maurice (Serge-Henri) Valcke (gebore op 30 Junie 1946 in Ieper) is 'n Belgiese akteur. Valcke volg klassieke toneel- en balletopleiding te Brussel en speel klein dansrolle en revues in tradisionele toneelstukke. Hy tree op in filmrolle in onder andere Dokter Vlimmen, Gebroken spiegels en De Lift. Maar sy deurbraak kom met Amsterdamned, en hy verkry beroemdheid met sy rol in die In de Vlaamsche pot, waarin hy die rol van Lucien speel wat saam met sy vriend Karel (Edwin de Vries) 'n restaurant bedryf. Hy is ook bekend vir sy rol as Kommissaris Buitendam in die televisiereeks Baantjer In 1967 verhuis Valcke van Brussel na Amsterdam. Valcke is polities aktief. Hy vertoon duidelike linkse voorkeure: Ek kom uit 'n heel eenvoudige milieu, sê hy in die partykoerant van die SP. My vader was belastinginspekteur, my moeder hoedmakeres. Ek is sosialisme met die paplepel ingegee. As kind het ek saam met my vader na demonstrasies in Brussel gegaan. Ek het aangesluit by die SP.
261424
Alpha Lupi (afgekort as α Lup) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Wolf (Lupus). Dit het ’n skynbare magnitude van 2,3, wat beteken dit is met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is die ster sowat 460 ligjare van die Son af. Dit is die naaste ster wat amper as ’n supernova gaan ontplof. Alpha Lupi is ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van B1,5 III. Sy massa is sowat 10 keer dié van die Son, maar sy ligsterkte is 25 000 keer die Son s’n. Sy effektiewe temperatuur is 21 820 K en dit het dus die blouwit kleur van ’n B-tipe ster. In 1956 het Bernard Pagel en sy kollegas ontdek dit is ’n Beta Cephei-veranderlike, wat beteken sy ligsterkte wissel van tyd tot tyd vanweë pulse in die atmosfeer. Die wisselingsperiode is 0,29585 dae, of net meer as sewe uur, ses minute. Die ligsterkte wissel met sowat 0,05, of 5% van die totale ligsterkte. ’n Ster van die 14de magnitude sowat 26 boogsekondes van Alpha Lupi af word in dubbelsterkatalogusse as ’n metgesel aangedui.
272776
Lauren O'Rourke is 'n Engelse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Inbetweeners Movie (2011) en in die televisiereekse Line of Duty (2012), Drifters (2013), en White Gold (2017). 2011: The Inbetweeners Movie 2012: Line of Duty 2012: 4Funnies 2013: Drifters 2017: White Gold Lauren O'Rourke in die Internet-rolprentdatabasis
293746
Vera White (1893 – 1949) was 'n Australiese aktrise. Sy was bekend vir haar rol in die rolprent Is Your Daughter Safe? (1927). 1927: Is Your Daughter Safe? Vera White in die Internet-rolprentdatabasis
294034
Shane Withington (gebore 22 Augustus 1958) is 'n Australiese akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Strange Bedfellows (2004) en in die televisiereekse A Country Practice (1981), Water Rats (1996), en Out of the Blue (2008). 2004: Strange Bedfellows 1981: A Country Practice 1987: Willing and Abel 1988: Home and Away 1989: The Family Business 1991: Roy's Raiders 1996: Water Rats 1999: Dog's Head Bay 2005: Flipper & Lopaka: The Search for Neptune's Trident 2005: Dive Olly Dive! 2008: Out of the Blue 1984: Queen of the Road 2005: Blinky Bill's White Christmas Shane Withington in die Internet-rolprentdatabasis
300718
Die swaanspinnekopbos (Serruria cygnea) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Sandveld, die Sederberg tot by die Slanghoekberge en Hexrivierberge voor. Die struik word tot 1.0 m lank word en blom van September tot November. Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteen- en skaliegrond op hoogtes van 350 - 950 m. In Engels staan dit as die Swan Spiderhead bekend. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=807-31 http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/serruria_cygnea.htm https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Swaanspinnekopbos&action=edit&redlink=1
262742
Antares (onder meer ook genoem Alpha Scorpii of α Sco) is gemiddeld die 15de helderste ster in die naglug en die helderste ligpunt in die sterrebeeld Skerpioen (Scorpius). Dit lyk rooi wanneer met die blote oog daarna gekyk word; dit is ’n stadige onreëlmatige veranderlike waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0,6 en 1,6. Dit word geklassifiseer as ’n ster van spektraaltipe M1,5 Iab-Ib en is dus ’n groot, geëvolueerde superreus. Sy presiese grootte is onseker, maar as dit in die middel van die Sonnestelsel geplaas kan word, sal dit strek tot tussen die wentelbane van Mars en Jupiter. Sy massa is sowat 12 keer dié van die Son. Antares is die helderste, swaarste en mees geëvolueerde lid van die naaste OB-assosiasie, die Scorpius-Centaurus-assosiasie. Antares is lid van die subgroep Bo-Scorpius van die assosiasie, wat duisende sterre met ’n gemiddelde ouderdom van 11 miljoen jaar bevat. Dit is sowat 170 ligjare van die Son af. Antares lyk soos ’n enkelster wanneer met die blote oog daarna gekyk word, maar dit is eintlik ’n dubbelster wat uit twee komponente, α Scorpii A en α Scorpii B, bestaan.
99235
Die Gereformeerde Kerk Rustenburg is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) nadat dit in Februarie 1859 die eerste gemeente van dié kerkverband geword het wat ds. Dirk Postma, die grondlegger van die GKSA, in Suid-Afrika gestig het. Die gemeente het tot stand gekom omdat ’n groot gedeelte van die Rustenburgse Voortrekkers en hul nasate ontevrede was met die kerklike toestand wat destyds hier in die Zuid-Afrikaansche Republiek bestaan het. Die Nederduitsch Hervormde Kerk was die enigste Hollandse kerk in die omgewing van die dorpie, wat in 1850 gestig is en sy naam gekry het omdat die inwoners rustiger kon lewe danksy minder aanvalle van inboorlinge. Ds. Dirk van der Hoff was hul predikant. Die ontevredenes het toe pogings aangewend om van die Christelike Afgeskeidene Gereformeerde Kerk in Nederland ’n predikant te kry wat suiwer in sy leer was. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ds. Dirk Postma deur sy Kerk hierheen gestuur is. Hy het, nadat hy op 9 Julie voet aan wal gesit het in Simonstad en 'n wyle aan die Kaap vertoef het, einde 1858 hier aangekom.
133043
Die Yongle-ensiklopedie of Yongle Dadian (letterlik die Groot Kanon van Yongle) was ’n Chinese leishu-ensiklopedie wat in 1403 deur keiser Yongle van die Ming-dinastie laat skryf is. Dit is teen 1408 voltooi. Die omvang van die inhoud het dit in dié tyd die wêreld se grootste algemene papierensiklopedie gemaak. Opdrag vir die skryf van die Yongle Dadian is in 1408 deur keiser Yongle gegee. Altesaam 2 169 geleerdes het vier jaar lank onder die hoofredakteur, Xie Jin, gewerk om die leishu-ensiklopedie saam te stel. Die geleerdes het 8 000 tekste uit van die antieke tyd tot vroeg in die Ming-dinastie ingesluit. Baie onderwerpe is gedek, insluitende landbou, kuns, sterrekunde, drama, geologie, geskiedenis, letterkunde, geneeskunde, natuurwetenskappe, godsdiens en tegnologie, sowel as beskrywings van ongewone natuurverskynsels. Die ensiklopedie is in 1408 voltooi by die Guozijian in Nanjing (nou die Universiteit van Nanjing). Dit het bestaan uit 22 937 manuskriprolle, of hoofstukke, in 11 095 volumes. Dit het sowat 370 miljoen Chinese karakters bevat. Dit het alles ingesluit wat al geskryf is oor die Konfusiaanse Kanon, sowel as geskiedenis, kuns en wetenskap.
277520
Kruger 60 is ’n dubbelster 13,15 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus. Die twee rooidwerge wentel elke 44,6 jaar om mekaar. Die grootste en dus primêre ster is komponent A en die kleiner ster komponent B. Komponent A het ’n massa van sowat 27% dié van die Son en ’n radius van sowat 35% die Son s’n, en komponent B onderskeidelik 18% en 24%. B is ’n opvlamster met die naam DO Cephei. Dit het ’n onreëlmatige opvlamming wat binne ’n tydperk van agt minute min of meer verdubbel en dan terugkeer na normaal. Die gemidddelde afstand tussen die sterre is 9,5 AE, wat rofweg die afstand tussen die Son en Saturnus is. Hulle eksentrieke wentelbane veroorsaak egter dat die afstand tussen 5,5 en 13,5 AE wissel. Die stelsel wentel om die Melkweg op ’n afstand van die kern wat wissel tussen 22 en 29 ligjare, met ’n baaneksentrisiteit van 0,126-0,130. Hulle naaste afstand van die Son sal in sowat 88 600 jaar wees, wanneer dit binne 6,3 ligjare van ons af sal wees.
80369
Die 63ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 1991 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1990. Die aanbieder was Billy Crystal. Die grootste wenner was Dances with Wolves, wat sewe Oscars ingepalm het, onder meer vir beste rolprent en regisseur. Whoopi Goldberg het die prys vir beste vroulike byspeler gewen en was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar gewen het sedert Hattie McDaniel in 1939. Een van die mense wat opgetree het, was Reba McEntire. Haar besluit om te sing was effens omstrede omdat sewe lede van haar orkes en haar reisbestuurder onder die tien mense was wat ’n week tevore in ’n vliegongeluk naby San Diego gesterf het. Sy het die benoemde liedjie I'm Checking Out uit die prent Postcards from the Edge opgedra aan haar orkeslede wat gesterf het. Dit was die laaste keer dat daar nie ’n kategorie vir beste visuele effekte was nie en waar ’n spesiale prestasieprys in die plek daarvan toegeken is. Billy Crystal het as aanbieder twee Emmys gewen – een vir skryf en die ander vir die aanbieding.
88954
Sechemchet (ook Sekhemkhet of Djoserteti en bekend onder die Hellenistiese naam Tyreis volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 3de Dinastie van die Ou Ryk. Hy het vermoedelik van omstreeks 2648 tot 2640 v.C. regeer. Hy was moontlik die broer of oudste seun van farao Djoser. Min is oor Sechemchet bekend, want sy bewind was kort: net ses of sewe jaar. Hy het egter in dié tyd ’n trappiramide by Saqqara laat bou en twee bekende rotsinskripsies by Wadi Maghareh in Sinai agtergelaat. Op die eerste een word hy twee keer uitgebeeld, met verskillende krone op. Op die tweede gryp Sechemchet ’n vyand aan sy hare en lig sy arm in ’n poging om hom met sy seremoniële septer dood te slaan. Die teenwoordigheid van dié inskripsies dui daarop dat turkoois en koper in Sechemchet se tyd in Sinai gemyn is. Die myne was waarskynlik deur die hele 3de Dinastie aktief, want inskripsies van Djoser en Sanacht is ook daar ontdek. Sechemchet se vrou kon Djeseretnebti gewees het, maar dié naam verskyn sonder die titel van ’n koningin en Egiptoloë twyfel oor die ware betekenis en lees van die naam.
65362
Die Paradysvoël (Latyn: Apus) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 16de eeu geskep is. Dit bevat onder meer die bolvormige sterreswerm NGC 6101. Die sterrebeeld was een van 12 wat geskep is deur Petrus Plancius na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Plancius het dit Paradysvogel Apis Indica genoem; die eerste woord is Nederlands vir paradysvoël, maar die ander twee beteken "Indiese by". Apis is die Latyn vir "by" en is waarskynlik foutiewelik gebruik in plaas van avis ("voël"). Die naam "apus" kom van die Griekse woord apous ("sonder voete"). Dit verwys na die Weste se opvatting dat ’n paradysvoël nie pote het nie omdat die enigstes wat destyds in die Weste gekry is, se pote en vlerke verwyder was. Ridpath, Ian. "Apus". Star Tales (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2018. Besoek op 10 April 2012. The Deep Photographic Guide to the Constellations: Apus Peoria Astronomical Society – Apus Geargiveer 2 Maart 2008 op Wayback Machine NightSkyInfo.com: Constellation Apus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paradysvoël.
65467
Die Kompas (Latyn: Pyxis) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig ’n seeman se kompas. Die Kompas kan suid van 53 grade noord gesien word en is op sy sigbaarste van Januarie tot einde Maart. Dit is naby die drie sterrebeelde die Agterdek, Kiel en Seile geleë. Dié drie het eeue gelede een konstellasie, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), gevorm. In die 19de eeu het die sterrekundige John Herschel voorgestel dat die Kompas na die "Mas" hernoem word, maar dit is nooit gedoen nie. Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4. Star Tales – Pyxis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kompas. Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
16367
Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker (uitsluitende longkanker) wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal. Die kwaadaardige selle waaruit die kanker bestaan, groei baie stadig. Oor die algemeen kan mens sê as die kanker vroeg ontdek word, is dit geneesbaar. Dit groei egter stil-stil sonder om onmiddellik duidelike simptome te vertoon. Die kanker kan ook deur die limvaatstelsel of deur bloed na ander dele van die liggaam versprei. Prostaatkanker tas meesal mans ouer as vyftig jaar aan, maar in baie gevalle sal ander mediese probleme meer lewensgevaarlik wees as die prostaatkanker omdat dit so stadig ontwikkel. Behandeling neig dus om meer aggressief te wees wanneer dit in 'n jonger man ontdek word as in 'n ouer man. Ouderdom: Hoe ouer 'n man word hoe groter is sy kans om die kanker te ontwikkel.
62082
Omsk-oblast (Russies: О́мская о́бласть, Omskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Omsk. Die oblast het ’n oppervlakte van 139 700 km2 en het volgens die Russiese sensus van 2010 altesaam 1 977 665 inwoners. Volgens argeologiese bewyse word die gebied al die afgelope 14 000 jaar bewoon. Neolitiese gemeenskappe het hier bestaan deur vis te vang en te jag. Sowat 3 000 jaar gelede het landbou gevestig geraak. ’n Been van die Man van Oest-Isjim, wat 45 000 jaar gelede geleef het, is in 2008 in Omsk-oblast ontdek. Verskeie Turkse state het die gebied deur die Middeleeue oorheers, waarvan die belangrikstes die Wes-Turkse Khaganaat en die Siberiese Khanaat was. Siberiese Tatare, Mongole, Chanti- en Mansi-stamme en ander het die gebied bewoon. Die Russiese geskiedenis van Omsk het in 1584 begin met die aankoms van ’n Kosakmag onder Jermak wat die plaaslike heersers verslaan en nominale Russiese beheer oor die gebied gevestig het.
130221
KwaLini is 'n swart woonbuurt buite Oos-Londen, in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit val onder beheer van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit. Lys van dorpe in Suid-Afrika Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
121509
Les Marais is 'n woongebied in die noorde van Pretoria, Suid-Afrika wat onder die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit val. Dit word begrens deur Mayville in die noorde, Rietfontein in die ooste en Wonderboom-Suid in die noordooste. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Subplek Les Marais". Sensus 2011. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
138490
Isihlangwini is 'n nedersetting in die Jozini Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distrik van KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika. "Hoofplek Isihlangwini". Sensus 2011. Hierdie KwaZulu-Natal-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
13521
Anatidae of eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eendagtige waterhoenders soos ganse en swane insluit. Die ekstergans (Engels: magpie-goose) word nie meer beskou as deel van die Anatidae en word in sy eie familie, Anserannatidae geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is vir swem, op die oppervlak van water dryf, en in sommige gevalle om ten minste in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Hulle vere skud water uitstekend af as gevolg van spesiale olies. Eend-, see-eend- en gansvere en dons is reeds lank gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar min debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende subfamilies daarbinne swak verstaan. Knobbeleend (Sarkidiornis melanotos) Chileense fluiteend (Anas sibilatrix) Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Hierdie artikel is ’n saadjie.
33047
Basketbal (Engels: basketball) is 'n sport wat in 1891 deur James Naismith in Springfield, Verenigde State (opnuut) uitgevind is. Oorspronklik was basketbal slegs 'n Amerikaanse manssport, maar tans word basketbal op alle kontinente deur beide mans en dames beoefen. Die sport word gespeel deur twee spanne van vyf lede elk wat aan die spel deelneem, en 'n aantal wisselspelers. Die doel van die spel is om die bal te verower en deur 'n ysterring, die korf (of in Engels, the basket) te gooi en te verhinder dat die teenstaanders dieselfde doen. Die korf hang op 'n hoogte van 3,048 meter (tien voet); is vasgemaak aan 'n agterbord (backboard); en is voorsien van 'n net. Aan elke sy van die reghoekige basketbalveld is daar 'n korf. Basketbal word sowel binne as buite (die sogenaamde straatbasketbal of straatbal) beoefen; binne is die oppervlak van harde hout en buite word daar op asfalt gespeel. Internasionale basketbalwedstryde word volgens die amptelike reëls van die FIBA gespeel.
69150
Atherina (Glasvisse) is 'n genus van visse wat aan die familie Atherinidae behoort. Daar is vyf spesies wat hoort tot die genus en een spesie kom in Suider-Afrika voor. Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Atherina breviceps - Kaapse spierinkie Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
34613
Play media Brazzaville is die hoofstad en grootste stad van die Republiek die Kongo (ook Kongo-Brazzaville genoem). Die stad is langs die Kongorivier, oorkant die hoofstad van die Demokratiese Republiek die Kongo, Kinshasa, net suid van die ewenaar geleë. Dit maak van Brazzaville en Kinshasa die wêreld se tweede naaste hoofstede ná Rome en die Vatikaanstad. Brazzaville is in 1883 gestig en ná die Franse ontdekkingsreisiger Pierre Savorgnan de Brazza genoem. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brazzaville. (en) Toerisme-inligting oor Brazzaville op Wikivoyage (fr) Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
273088
Nikephoros III Botaneiates (Grieks: Νικηφόρος Βοτανειάτης, omstreeks 1002 tot 10 Desember 1081) was van 1078 tot 1081 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy het tydens die bewind van Konstantyn X ’n generaal geword en het Isak I Komnenos gesteun in sy suksesvolle oorname van die troon. In 1078 het hy teen keiser Michael VII in opstand gekom en die troon met die hulp van die Seldjoekse Turke vir homself opgeëis. Michael VII het ten gunste van Nikephoros III geabdikeer. Nikephoross se administrasie het hom nie baie ondersteuners besorg nie, omdat sy gunstelingamptenare baie van die ouer aristokrate vervreem het en nie die verdere devaluasie van die geldeenheid kon keer nie. Talle opstande het Nikephoros feitlik onmiddellik in die gesig gestaar. Benewens die ontevredenheid van die aristokrasie, het verskeie Armeense prinse in Klein-Asië hul onafhanklikheid probeer terugkry. ’n Konflik in Thracië is ook met moeite onderdruk. Nikephoros het daarna al hoe afhankliker geword van die steun van Alexios Komnenos, wat twee opstande, in die Balkan en Anatolië, onderdruk het.
35638
Darwin is die hoofstad en grootste stad van die Noordelike Gebied (Northern Territory) van Australië. Dit is aan die Timorsee geleë en het 'n bevolking van 120 900, wat dit by verre die stad met die grootste bevolking in die ylbevolkte Noordelike Gebied maak, maar ook die ylbevolkste van Australië se hoofstede. Dit is die kleinste en mees noordelike van Australië se hoofstede en is die middelpunt van die bopuntstreek ("Top End"). Darwin het gegroei van 'n pionierspos en klein hawe na een van Australië se mees moderne en multikulturele stede. Sy nabyheid aan Asië maak dit 'n belangrike toegangspunt na lande soos Indonesië en Oos-Timor. Die Stuarthoofweg begin in Darwin en eindig in Port Augusta in Suid-Australië. Die stad self is op 'n laerige heuwel gebou wat oor die hawe uitkyk. Die woonbuurtes strek oor 'n groot gebied van Lee Point in die noorde tot by Berrimah in die ooste – anderkant Berrimah gaan die Stuarthoofweg tot by Darwin se satellietstad, Palmerston en sy woonbuurte. Die streek, soos die res van die bopunt, het 'n tropiese klimaat, met 'n natseisoen en 'n droëseisoen.
247155
Witold Roman Lutosławski (Pools: [ˈvitɔld lutɔsˈwafski]; 25 Januarie 1913 – 7 Februarie 1994) was 'n Poolse komponis en orkestrale dirigent. Hy was een van die grootste Europese komponiste van die 20ste eeu, en een van die mees roemrykste Poolse musikante tydens die laaste drie dekades van sy lewe. Hy het baie internasionale prys en toekennings ontvang. Sy komposisies (waarvan hy 'n noemenswaardige dirigent van was) sluit vier simfonieë, 'n Concerto vir Orkes, 'n strykkwartette, instrumentale werke, concertos, en orkestrale liederesiklusse in. Lutosławski het in sy jeugdige dae klavier en komposisie in Warskou gestudeer. Sy vroeëre werke was beïnvloed deur Poolse volksmusiek, en sy styl vertoon 'n wye reeks ryk atmosferiese teksture. Hy het weldra begin om sy eie karakteristieke tegniek in die 1950's te ontwikkel. Sy musiek vanaf diè periode inkorporeer sy eie metodes van die opbou van harmonieë uit klein groepe musikale intervalle. Sy styl gebruik ook aleatoriese prosesse waarin die ritmiese koördinasie van die dele onderworpe is aan 'n element van kans.
254385
Arthur Chesney (21 November 1881 – 27 Augustus 1949) was 'n Engelse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Lodger: A Story of the London Fog (1927), Fanny Hawthorne (1927), Sorrell and Son (1933), en Colonel Blood (1934). 1914: Lights of London 1920: The Lure of Crooning Water 1927: The Lodger: A Story of the London Fog 1927: Fanny Hawthorne 1930: French Leave 1933: Sorrell and Son 1933: The Fortunate Fool 1934: Colonel Blood 1934: Youthful Folly 1948: The Flamingo Affair Arthur Chesney in die Internet-rolprentdatabasis
260457
Alisha Newton (gebore 22 Julie 2001) is 'n Kanadese aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Percy Jackson: Sea of Monsters (2013) en in die televisiereeks Heartland (2007). 2013: Percy Jackson: Sea of Monsters 2013: Heart of Dance 2018: Til Ex Do Us Part 2007: Heartland 2010: The Wyoming Story 2015: The Hollow Alisha Newton in die Internet-rolprentdatabasis
368583
Erica galpinii is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Kleinrivierberge by Hermanus voor. Hierdie bedreigde en seldsame spesie bestaan uit slegs 450 planteksemplare wat in twee subpopulasies voorkom in 'n gebied van 4 km2. Een van die twee populasies het met 50% afgeneem die afgelope twee generasies, hoofsaaklik as gevolg van oormatige veldbrande. Lys van Erica spesies http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1820-368 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:328756-1
662
Die jaar 1804 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 4de jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 1 Januarie – Die einde van Franse regering in Haïti. 25 April – Stigting van Uitenhage (Oos-Kaap, Suid-Afrika). 26 Maart – Pous Pius VII stel Carlo Oppizzoni, aartsbiskop van Bologna aan as kardinaal. 14 Mei – Die Lewis-en-Clark-ekspedisie vertrek vanaf Kamp Dubois en begin hulle historiese reis deur in die Missouri-rivier op te vaar. 17 Junie – Pous Pius VII verklaar Veronica Giuliani salig. 2 Desember – Napoleon kroon homself tot keiser nadat hy deur Pous Pius VII gesalf is. Stigting van Knysna, (Wes-Kaap, Suid-Afrika) 7 Februarie – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder († 1886). 29 Mei – Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, stigter van die Paarlse Gimnasium, in die Paarl. († 1869). 4 Julie – Nathaniel Hawthorne, Amerikaanse skrywer, in Salem (Massachusetts).
1904
Die jaar 1406 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 6de jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 13 Maart – Pous Innocentius VII keer terug na Rome na sy vlug na Viterbo. 30 November – Pous Gregorius XII volg Pous Innocentius VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 12 Desember – Pous Gregorius XII skryf 'n brief aan Teenpous Benedictus XIII met 'n voorstel dat hulle beide aftree om die Westerse Skisma te beëindig. Niks kom van die voorstel nie. 19 Desember – Pous Gregorius XII in Rome gekroon. 19 Maart - Ibn Khaldun, Arabiese historikus, astronoom, ekonoom en wiskundige. 6 November – Pous Innocentius VII, die 204de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1336).
2888
Die jaar 795 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 95ste jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 26 Desember – Pous Leo III volg Pous Adrianus I op. Lotarius seun van Lodewyk die Vrome 25 Desember – Pous Adrianus I, die 95ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
16886
Auckland [ˈɔːklənd] (Engels: Greater Auckland of Auckland Metropolitan Area; Māori: Tāmaki-makau-rau of Ākarana) op die Noordeiland van Nieu-Seeland is die grootste stedelike gebied in die eilandnasie. Met meer as 1,5 miljoen inwoners is 'n derde van die land se bevolking in Auckland saamgetrek. Die bevolkingsgroei van 1,6 persent, wat tussen Junie 2009 en Junie 2010 in Auckland aangeteken is, was volgens Statistics New Zealand die hoogste in die land. Die meeste nuwe aankomelinge in Nieu-Seeland vestig hulle in die metropolitaanse gebied van Auckland. Die huidige stadsgebied is in 1840 deur goewerneur Hobson namens die Britse Kroon teen 'n prys van 55 pond goud asook 'n aantal komberse, hemde, musse, byle, ysterpotte, tabak, pype, 'n pakkie suiker, 'n sak meel en ander gebruiksgoedere van plaaslike Māori gekoop. Verdere ses pond goud is in die volgende jaar betaal. Plaaslike Māori het in ruil hiervoor 1 200 hektaar se grond afgestaan wat van Freemans Bay tot Parnell en landinwaarts tot Mount Eden gestrek het. Teen 2010 was dié grond NZ-$ 36 miljard werd.
37502
Marydale is 'n dorpie in die Noord-Kaap wat in 1902 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestig is en so genoem is na die vrou van G.P. Snyman, eienaar van die plaas Kalkput waarop die dorpie uitgelê is. Die bevolking is sowat 2 600. Die N10 nasionale pad gaan by die dorpie verby en die R383-streekroete kruis die N10 ook hier. Marydale is as 'n kerkdorp gestig nadat G.P. Snyman sy plaas Kalkput in 1903 in erwe laat uitmeet en as kerkdorp met die naam Marydale aan die NG Kerk geskenk het. Marydale sou egter eers in 1917 as dorp geproklameer word. Marydale was ’n mooi, vrugbare, waterryke dorp wat baie belofte ingehou het. Die dorp het dorpsgronde vir weiding van byna 9 000 morge gehad. Marydale is 3.2 km vanaf Draghoender. Die naam van die gemeente kom van Maria, die naam van die eggenote van ene P.G. Snijman, die oorspronklike eienaar van die plaas Witputs. Hy het by die stigting van die gemeente nog 108 onverkoopte erwe aan die kerkraad vir £950 verkoop. Hy het tevore alreeds 11 erwe geskenk vir ’n kerk, pastorie en geboue.
74234
Sir Alexander Mackenzie (of MacKenzie, in Skots-Gaelies: Alasdair MacCoinnich, * 1764; † 12 Maart 1820) was 'n Skotse pelshandelaar en ontdekkingsreisiger wat as eerste Europeër die ganse breedte van die Noord-Amerikaanse vasteland noord van Meksiko van oos na wes deurkruis en in 1793 die Stille Oseaan bereik het. Met sy ontdekkingsreis in die gebied van die huidige Kanada het Mackenzie die ekspedisie van Lewis en Clark met tien jaar voorgespring. Die Kanadese pelshandel het van Alexander Mackenzie 'n welvarende man gemaak. In 1799 het hy na die Verenigde Koninkryk teruggekeer om 'n boek oor sy ontdekkingsreise te publiseer. Sy reisjoernaal het vinnig 'n blitsverkoper geword wat ook in Frans, Duits en Russies vertaal is. Mackenzie is op 27 Februarie 1802 tot die ridderstand verhef om Sir Alexander Mackenzie te word. Mackenzie is in 1764 in Luskentyre-huis in Stornoway op Lewis, een van die eilande van die Buite-Hebride noord van Skotland gebore. Hy was die derde van vier kinders wat vir Kenneth 'Corc' Mackenzie (1731–1780), 'n handelaar en landeienaar wat op die plaas Melbost geboer het, en sy vrou Isabella MacIver gebore is.
77078
Ostariophysi is die tweede grootste superode van straalvinnige visse. Hierdie diverse groep bevat amper 8 000 spesies, omtrent 28% van die bekende visspesies en 68% van varswatervisse ter wêreld. Hulle kom op al die kontinente voor, met die uitsondering van Antarktika. Hulle het verskeie gemeenskaplike kenmerke, onder andere beskik almal oor 'n orgaan van Weber. Van die spesies in die groep is belangrik vir mense vir kos, sport, die akwarium-industrie en navorsing. Die superorde word as volg geklassifiseer: Reeks Anotophysi Gonorynchiformes, omtrent 37 spesies Reeks Otophysi (Euostariophysi) Cypriniformes, omtrent 3 268 spesies Characiformes, ten minste 1 674 spesies Siluriformes (babers), omtrent 1 727 spesies Gymnotiformes, ten minste 173 spesies (word soms saam met Siluriformes gegroepeer) Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Nelson, Joseph, S. (2006). Fishes of the World. John Wiley & Sons, Inc. ISBN 0-471-25031-7. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
104402
George Rex (Londen, Engeland, 29 Augustus 1765 – Melkhoutkraal, Knysna, Kaapkolonie, 3 April 1839) was ’n handelaar en grondeienaar, en die grondlegger van die dorp Knysna in die Wes-Kaap. Rex was die oudste van die vier kinders van John Rex (oorlede 1788), 'n welvarende brouer van Whitechapel, en sy eggenote, Sarah. Nadat hy besluit het om 'n wetsloopbaan te volg, is tydens sy studiejare aansienlike bedrae geld deur sy vader aan hom voorgeskiet, wat ongetwyfeld bygedra het tot sy rykdom later aan die Kaap. Op 11 November 1786 ontvang hy van die Doctors Commons in Londen 'n vergunning om as notaris te praktiseer. Met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795, is 'n vise-admiraliteitshof in die lewe geroep waarin Rex in Januarie 1797 as balju aangestel word. Met sy aankoms in Oktober het hy ook publieke notaris van die goewerneur van die Kaap geword. Die volgende vyf jaar was Rex verdiep in sy amptelike pligte, veral as staatsadvokaat in etlike belangrike krygsrade.
105020
Nyavani is 'n klein nedersetting geleë langs R81-pad na Punda Maria in die Nasionale Krugerwildtuin. Die naaste dorpe aan Nyavani is Malamulele en Thohoyandou. Nyavani ressorteer onder die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit van Limpopoprovinsie in Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Nyavani". Sensus 2011.
193234
Clathria georgiaensis is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Clathria en tot die familie Microcionidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1996 deur Hooper. Van Soest, R. (2011). Clathria georgiaensis Hooper, 1996. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=167475. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
263578
Cameron Dye (gebore 13 Desember 1959) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Valley Girl (1983), Joy of Sex (1984), The Last Starfighter (1984), en Men at Work (1990). 1983: Valley Girl 1984: Joy of Sex 1984: The Last Starfighter 1984: Body Rock 1985: Fraternity Vacation 1985: Heated Vengeance 1987: Scenes from the Goldmine 1988: Out of the Dark 1990: Men at Work 1997: The Apocalypse 1999: The Tavern Helliversity Cameron Dye in die Internet-rolprentdatabasis
367252
Die Aloe fragilis is 'n aalwyn wat inheems is aan die noorde van Madagaskar. Lys van aalwynspesies http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:976562-1
372856
Koevoet, afgekort Operasie K of SWAPOL-COIN/SWAPOL TIN) was die teen-insurgensietak van die Suidwes-Afrikaanse polisie (SWAPOL). Koevoet se formasies het wit Suid-Afrikaanse polisiebeamptes ingesluit, gewoonlik gesekondeer van die Suid-Afrikaanse Veiligheidstak of Spesiale Taakmag, en swart vrywilligers van Ovamboland. Koevoet was gebaseer op die Selous Scouts, 'n veelrassige Rhodesiese militêre eenheid wat gespesialiseer het in teen-insurgensie operasies. Die benaming is 'n metafoor vir "die koevoet" wat insurgente vanuit die burgerlike bevolking uitlig. Koevoet was aktief tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog tussen 1979 en 1989, waartydens dit honderde opsporings- en vernietigingsoperasies uitgevoer het teen die People's Liberation Army of Namibia (PLAN). Die eenheid se metodes was omstrede en word daarvan beskuldig dat dit talle gruweldade teen burgerlikes gepleeg het. In die loop van die oorlog het dit 3 225 opstandelinge doodgemaak of gevang en aan 1 615 individuele skermutselings deelgeneem. Koevoet is in 1989 ontbind as deel van die implementering van Resolusie 435 van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Dit het die Suid-Afrikaanse Grensoorlog effektief beëindig en die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika as Namibië ingelui.
300471
Peterhof (Russies: Петергоф Petergof) is 'n paleiskompleks wat in die gelyknamige voorstad van Sint Petersburg aan die Golf van Finland se Newabaai geleë is. Die kompleks is deur tsaar Pieter I in 1723 begin en deur sy opvolgers uitgebrei. Die kompleks, waarna dikwels verwys word as die Russiese Versailles (alhoewel die argitektoniese uitleg weens die ligging aan die kus merkbaar van die Franse paleiskompleks verskil) het sedert 1991 saam met die historiese middestad van Sint Petersburg die status van Unesco-wêrelderfenisterrein. Sedert 2008 word dit ook gelys as een van die Sewe Wonders van Rusland. Die Peterhof-kompleks met sy dertigtal geboue en tuine is net een in 'n hele reeks park-en-paleiskomplekse wat Rusland se vorige hoofstad omring soos pêrels in 'n snoer en waarvan elkeen die estetiek en smaak van verskillende styltydperke weerspieël - met al die wysigings wat in die loop van tyd daaraan aangebring is. En alhoewel die meeste van die paleise deur verskeie heersers bewoon is, word hulle nogtans meestal met een of ander heerser verbind. So was Peterhof die gunstelingpaleis en somerresidensie van tsaar Pieter I wat ook sy naamgewer geword het.
2756
Die jaar 976 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 10de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 10 Januarie – Johannes I Tzimiskes, Bisantynse keiser († 925). Harald II van Noorweë.
3056
Die jaar 607 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 7de jaar van die 7de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 19 Februarie – Pous Bonifatius III volg Pous Sabinianus op. 12 November – Pous Bonifatius III, die 66ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
3248
Die jaar 581 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 81ste jaar van die 6de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Generaal Yang Jian kom aan die mag in die ryk van die Noordelike Zhou, hy word keiser Wen en stig daarmee die Sui-dinastie.
70922
Hendrik Susan (4 Mei 1903 – 26 April 1963) was 'n orkesleier en violis wat in vyf Afrikaanse rolprente opgetree het. Hy was onder andere Mimi Coertse se begeleier in haar beginjare. Hy het vroeg in die dertigerjare sy eerste plate gemaak. Die trekklavierspeler Nico Carstens het op 19-jarige ouderdom by sy orkes aangesluit en in 1950 sy eie orkes gestig. Hendrik Susan groet julle weer, sy laaste langspeelplaat Kom Dans met Hendrik Susan En vele ander. Kom saam vanaand!, 1949 as homself Hier's ons weer!, 1950 as homself Alles sal regkom!, 1951 as homself Altyd in my drome, 1952 as homself 'n Plan is 'n boerdery, 1954 Biografie van Cornelis Henricus (Hendrik) Susan Geargiveer 25 April 2012 op Wayback Machine, besoek op 5 Desember 2012 HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
78056
Die Vlei-uil (Asio capensis) is 'n algemene standvoël en nomade in vleie en vogtige grasveld maar vermy digte plate riete. Die uil is minder naglewend as die meeste ander uile. Die voël is 35 – 38 cm lank en 230 – 370 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Marsh Owl. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Asio capensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
81512
Takayuki Kuwata (桑田 隆幸, Kuwata Takayuki?, 26 Junie 1941 -) is 'n voormalige Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. National Football Teams Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
90068
Die Antieke Egiptenare het geglo ’n mens se siel bestaan uit verskeie dele, soos die ren, ba, ka, sjeoet, ib en ach. Daarteenoor was daar die menslike liggaam, die ha (soms in die meervoud, haw, gebruik wat dui op die totaal van die liggaamsdele). Die ib (jb), of hart, is beskou as ’n belangrike deel van die Egiptiese siel. Daar is geglo die ib is gevorm deur ’n druppel van die ma se bloed wat by bevrugting geneem is. Die hart was vir die Antieke Egiptenare die setel van emosie, gedagtes, wil en voorneme. Dit kan gesien word in die baie Egiptiese woorde wat die woord ib insluit, soos awt-ib: geluk (letterlik "breedte van hart"); xak-ib: vervreemd (letterlik "afgesny van hart"). In die Egiptiese godsdiens was die hart die sleutel tot die hiernamaals. Daar is geglo die hart is deur Anoebis en die gode geweeg tydens die "Weeg van die Hart"-seremonie. As die hart swaarder of ligter was as die veer van Maät, het die monster Ammit dit geëet.
95756
Richard Carl George Theodor Wocke (Langenbielau, Silesië, Pruise, 27 November 1831 – Bloemfontein, 24 April 1890) was ’n Duitse meesterbouer en argitek wat verantwoordelik was vir onder meer talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Tydgenote het hom beskryf as klein van gestalte, lewendig, vasberade en slaggereed om aan te pas by enige situasie. Hy word beskou as die eerste argitek in die Vrystaat. Wocke was die seun van Albert Carl Theodor Wocke en sy vrou, Ernestine von Wagenschüte. Hy het sy opleiding aan ’n bouskool in Duitsland ontvang, maar weggeloop omdat dit hom verveel het, en hom aan die Kaap gevestig nadat die skip waarop hy onderweg was, by Kaap Agulhas gestrand het. (Die bronne vermeld nie waarheen hy op pad was nie.) Hy het blykbaar enkele jare lank in Kaapstad opleiding as pleisteraar en steenlêer gekry onder die mentorskap van die Duits gebore argitek Carl Otto Hager, wie se robuuste, Neo-Gotiese styl van kerke hy as ontwerper oorgeneem het. In Oktober 1865 het Wocke sy dienste in De Tijd, die Vrystaat se eerste Nederlandse koerant, in Bloemfontein as boumeester en argitek geadverteer.
103106
Die Vier Edel Waarhede is die waarhede van die edeles wat sentraal tot die leerstellings van Boeddhisme is: hierdie wêreldse bestaan is basies onbevredigend, maar daar is ’n pad na bevryding van die siklus van geboorte en die dood. In die soetras het die vier waarhede beide ’n simboliese as ’n aanloklike funksie. Hulle verteenwoordig die ontwaking en bevryding van die Boeddha, maar ook die moontlikheid van bevryding vir alle mense omdat dit beskryf hoe verlossing van lyding behaal kan word. Baie Boeddhistiese onderwysers hou dié waarhede voor as die essensie van Boeddhistiese leringe, maar hul belangrikheid het mettertyd ontwikkel en ander, ouer leringe vervang oor prajna (wysheid) of bevrydende insig. Die waarhede is soos volg: Die waarheid van dukkha, of die aard daarvan Die waarheid van die oorsprong van dukkha Die waarheid van die beëindiging van dukkha Die waarheid van die weg wat lei tot die beëindiging van dukkha Dukkha word gewoonlik vertaal as lyding, angstigheid, onvoldoendheid ens. en het drie aspekte: Die ooglopende lyding van fisieke of geestelike siektes, veroudering en afsterwing Die angstigheid of stres van vashou aan dinge wat voortdurend verander ’n Subtiele ontevredenheid wat alle lewensvorme ervaar weens die feit dat alle lewensvorme verander, en deeltyds en sonder kern of inhoud is.
116324
H.L. Swanepoel (1912–1972) was 'n professor en eerste dekaan van die Fakulteit Regte aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (tans Noordwes-Universiteit). Hy was ook 'n prokureur, joernalis, skrywer en digter. Hy skryf ook per geleentheid onder die skuilnaam S. Hendriks. Hendrik Lambertus Swanepoel is op 9 November 1912 te Reitz in die Oranje-Vrystaat gebore. Gedurende die Rebellie van 1914 rebelleer sy vader en word hy tot gevangenisstraf gevonnis. Die jong Hendrik begin in 1918 met sy skoolopleiding op sy geboortedorp, maar die skool word spoedig gesluit weens die uitbreek van die groot Griepepidemie van 1918, waarin duisende mense landswyd gesterf het. Nadat hy op Reitz matrikuleer, studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy in 1933 die B.A.-graad, in 1935 die LL.B.-graad en in 1943 die LL.D.-graad met ’n proefskrif oor Die leer van ‘Versari in re illicita’ in die Strafreg behaal. Sy proefskrif word later gepubliseer. In 1936 begin hy as klerk werk by regter R.P.B. Davis in Kaapstad, maar aanvaar later in die jaar ’n pos as joernalis by Die Landbouweekblad in Bloemfontein.
122900
Die Gloster Meteor is 'n straalaangedrewe vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit is ook die enigste straalaangedrewe vliegtuig wat deur die Geallieerdes gebruik is in die oorlog en is in diens gestel voor die Duitse Messerschmitt Me 262. George Carter het reeds in 1940 begin met die ontwerp van die Gloster Meteor. Hy het die tweemotorontwerp verkies omrede die straalmotore van daardie tyd se stukrag nog maar swak was. Die eerste Meteor is toegerus met Frank Whittle-ontwerpte W2B turbostraalenjins. Hulle kon egter slegs 454 kg stukrag lewer en kon nie die vliegtuig van die grond af kry nie. Die eerste Meteor het op 5 Maart 1943 gevlieg en was toegerus met twee Halford H1 motore wat oor 681 kg stukrag elk beskik het. Die Halford motore is later verder ontwikkel en word uiteindelik die Goblin motor wat in die De Havilland Vampire gebruik is. Ander prototipes het ook gou gevlieg elk met 'n ander tipe motor om die sterkste en betroubaarste straalmotore te vind. Die ontwikkeling en vervaardiging van die Whittle-motor is oorgeneem deur Rolls-Royce wat die stukrag verbeter het na 772 kg.
191026
KwaDumisa is 'n nedersetting in die Vulamehlo Plaaslike Munisipaliteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. "Hoofplek KwaDumisa". Sensus 2011.
220600
Etileen of eteen is ’n koolwaterstof met die formule C2H4 of H2C=CH2. Dit is ’n kleurlose, vlambare gas met ’n effense "soet en muskusagtige" reuk wanneer dit suiwer is. Dit is die eenvoudigste alkeen (’n koolwaterstof met ’n dubbele koolstofverbinding). Etileen word algemeen in die chemiese bedryf gebruik en die wêreldwye vervaardiging daarvan (meer as 150 miljoen ton in 2016) oorskry dié van enige ander organiese verbinding. ’n Groot deel van die produksie word gebruik vir poliëtileen, ’n plastiek wat polimeerkettings van etileeneenhede in verskeie lengtes bevat. Etileen is ook ’n belangrike planthormoon en word in landbou gebruik om vrugte te dwing om ryp te word. Etileen se hidraat is etanol. Afrox lindeus MSDS NIST Sander. Zimmermann, Heinz; Walz, Roland (2008). "Ethylene". Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry. Weinheim: Wiley-VCH. doi:10.1002/14356007.a10_045.pub3. ISBN 978-3527306732. Research and Markets. "The Ethylene Technology Report 2016 - Research and Markets". www.researchandmarkets.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 19 Junie 2016. "Production: Growth is the Norm".
368464
Erica eugenea is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap. Lys van Erica spesies http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1820-319 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:328650-1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
384688
Hesperantha truncatula is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Klein-Swartberg op suidelike hellings voor. Die plant word beskou as krities seldsaam, tans het dit geen bedreigings nie. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1533-78 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:933606-1
217419
Hudson Yang (gebore 24 Oktober 2003) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent The Sisterhood of Night (2014) en in die televisiereekse Liv and Maddie (2013) en Fresh Off the Boat (2015). 2014: The Sisterhood of Night 2013: Liv and Maddie 2015: Fresh Off the Boat Hudson Yang in die Internet-rolprentdatabasis Hudson Yang op Twitter Hudson Yang op Facebook
275079
Alexander Allerson (gebore 19 Mei 1930) is 'n Duitse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Battle of Britain (1969), All the Way Boys (1972), en Who? (1974), en in die televisiereeks The Outsiders (1976). 1963: Man and Beast 1963: Barras heute 1968: Der nächste Herr, dieselbe Dame 1968: Schrei nach Lust 1969: Battle of Britain 1969: Three-Cornered Bed 1971: The Honest Interview 1971: Housewives Report 1972: All the Way Boys 1972: The Sensuous Housewife 1974: Who? 1975: Die Brücke von Zupanja 1979: Kesse Teens und irre Typen 1979: Spanish Olives 1962: Hauptgewinn: 6 1968: Der Mann, der keinen Mord beging 1972: Butler Parker 1975: Bitte keine Polizei 1976: The Outsiders 1980: The Wonderful Adventures of Nils 1981: Der Fuchs von Övelgönne 1965: Verhör am Nachmittag 1976: I Only Want You to Love Me 1978: Das Geld liegt auf der Bank Alexander Allerson in die Internet-rolprentdatabasis
302667
Mediese diagnose is die proses om te bepaal watter siekte of toestand 'n persoon se simptome en tekens verklaar. Daar word meestal verwys na diagnosering met die implikasie van die mediese konteks. Die inligting wat benodig word vir diagnose word gewoonlik versamel uit 'n geskiedenis en fisiese ondersoek van die persoon wat mediese sorg soek. Een of meer diagnostiese prosedures, soos mediese toetse, word ook gereeld tydens die proses uitgevoer. Soms word postume diagnose as 'n soort mediese diagnose beskou. Die eerste aangetekende voorbeelde van mediese diagnose word gevind in die geskrifte van Imhotep (2630–2611 v.C) in Antieke Egipte (die Edwin Smith Papyrus). 'n Babiloniese mediese handboek, die Diagnostic Handbook, geskryf deur Esagil-kin-apli (fl. 1069–1046 vC), het die gebruik van empirisme, logika en rasionaliteit in die diagnose van 'n siekte bekendgestel. Tradisionele Chinese medisyne, soos beskryf in die Yellow Emperor's Inner Canon of Huangdi Neijing, het vier diagnostiese metodes gespesifiseer: inspeksie, uitkultuur-olfaksie, ondervraging en palpasie. Dit was bekend dat Hippokrates diagnoses gemaak het deur die urine van sy pasiënte te proe en hul sweet te ruik.
3212
Die jaar 547 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 47ste jaar van die 6de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Die Bisantynse veldheer Belisarius herower Rome van die Oos-Gote en herstel die verdedigingswerke.