id
stringlengths 1
6
| contents
stringlengths 0
3.18k
|
---|---|
7340 | Genadendal is 'n dorp in die Wes-Kaap (Suid-Afrika) aan die voet van die Riviersonderendberge. Dit is amper anderhalf uur van die Kaap af op die platteland in die Overbergstreek. Genadendal was die eerste sendingstasie in suidelike Afrika. Die Duitse sendeling Georg Schmidt is in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap gestuur om die evangelie aan die Khoikhoi te verkondig. Genadendal is in 1738 gestig nadat Schmidt hom op 23 April 1738 in die Baviaanskloof gevestig het soos die dorp eers bekend was. In 1806 is die naam verander na Genadendal. Die inwyding van die eerste kerkgebou het op Wit-Donderdag 1796 plaasgevind. Hierdie kerkgebou was van die begin af te klein. Die inwyding van die nuwe kerk was op 18 Januarie 1800. Aangesien die kerkgebou later bouvallig begin raak het, is besluit om 'n nuwe en groter kerk, wat 1400 mense sou kon huisves, op te rig. Op 12 Oktober 1891 is die hoeksteen van die nuwe kerk op die gebruiklike wyse gelê. Ná anderhalf jaar is die bouwerk voltooi en op 14 Maart 1893 is 'n aandseën gehou. In 1831 is 'n skool gebou. |
18248 | Volksrust is 'n groot dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika aan die KwaZulu-Natalgrens. Die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1888 besluit om 'n dorp op die rand van die Drakensberg naby Natal te stig. Die dorp is toe gestig naby die plek waar die Slag van Majuba plaasgevind het tydens die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Zuid-Afrikaansche Republiek se vryheid van Brittanje herwin is. Dorothea de Jager, 'n dogter van Dirk Uys, een van die Majuba-slagoffers, het die dorp Volksrust genoem, oënskynlik omdat dit is waar die ZAR-soldate gerus het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n konsentrasiekamp hier gebou waarin baie vroue en kinders gesterf het. Volksrust het in 1904 'n munisipaliteit geword. Die distrik is 1 870 km2 groot. Die dorp is 'n belangrike bees-, suiwel-, mielie-, sorghum-, wol- en sonneblomproduksieplek. Majuba, een van Eskom se kragsentrales, is hier naby geleë. Rolene Strauss - Mej. Wêreld 2014 Cor Dirks - skrywer van jeugboeke Willem Kamp – skrywer en digter Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Volksrust". Sensus 2011. |
55418 | Bosbokrand is 'n nedersetting in noordoostelike Mpumalanga, Suid-Afrika en die setel van die Bosbokrand Plaaslike Munisipaliteit. Die naam verwys na die baie bosbokke wat in die verlede hier geloop het. Die eerste handelspos is in 1884 geopen. Lys van dorpe in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 "Hoofplek Bosbokrand". Sensus 2011. |
93944 | Łobez (ˈwɔbɛs, {{{2}}} (hulp·inligting), Duits: Labes) is 'n Poolse stad in Gmina Łobez, binne die distrik van Łobez, in die woiwodskap van Wes-Pommere. Die stad is aan die Regarivier geleë en het 'n bevolking van 10 066 2019 gehad. Die volle plan van die stad. Łobez is die eerste keer genoem in 'n dokument van 1271, waarvolgens 'n ridder met die naam Borko die eienaar van die stad was. In 1275 ontvang Łobez stadsregte. Die stad dra sedert 1946 amptelik die naam Łobez. Kalender: 1271 – die eerste geskrewe inligting 1271–1808 – 'n stad wat besit word deur die Knights van die familie von Borcke 1295 – burgerregte 1348 – 'n nuwe munisipale reg (van Lübeck) 1623, 1637, 1670 – die stad brand 1648 – die dorp in Brandenburg 1740–1754 – die prosesse van heksery 1859 – spoorlyn 1701 – stad in die Koninkryk Pruise 1871 – stad in die Duitse Keiserryk 1898 – elektrifisering van die stad 1945 – stad in Pole Franz Andreas von Borcke (1693–1766), algemene Ferdinand Nemitz (1805–1886), regter en politikus Felix Genzmer (1856–1929), argitek Otto Puchstein (1856–1911), argeoloog Walter Goehtz (1878–1946), politikus Fritz Puchstein (1893–1968), akteur Kazimierz Obuchowski, (1931–2014), sielkundige Andrzej Gudański (1979), skilder Zygmunt (Karol) Gryczyński (1958), fisikus Ignacy Gryczyński (1948), bioloog Zbigniew Harbuz (1932), historikus MLKS „Światowid” - 5. |
125048 | Die Golf van Carpentaria (Engels: Gulf of Carpentaria) is 'n golf van die Stille Oseaan in die noorde van Australië tussen Arnhemland, Noordelike Gebied, in die weste en Cape York-skiereiland, Queensland, in die ooste. Die Golf van Carpentaria grens in die noordweste aan die Arafurasee. Die Golf van Carpentaria word deur die Torres-straat met die Koraalsee in die noordooste verbind. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 310 000 km² en 'n maksimale diepte van 70 m. Die Golf van Carpentaria is in 1606 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Jansz vir Europa ontdek en in 1623 is die golf deur Jan Carstenszoon ná die destydse Nederlandse goewerneur van Nederlands-Indië, Pieter de Carpentier, genoem. In 1644 het Abel Tasman die golf se kus verken. "Gulf of Carpentaria" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 22 Augustus 2017. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Carpentaria. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
141322 | Acanthascus (Staurocalyptus) glaber is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die glassponse (Hexactinellida). Die spons lewe in die diepsee. Die skelet van die spons bestaan uit spikula van kiesel. Die spons behoort tot die geslag Acanthascus en behoort tot die familie Rossellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1897 deur Ijima. Van Soest, R. (2011). Acanthascus (Staurocalyptus) glaber. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=171998. |
134000 | Serpulidae is 'n familie van hoofsaaklik mariene wurms; een spesie leef nie in soutwater nie. Hierdie familie hoort tot die orde Sabellida. 'n Kenmerk van hierdie familie is dat hulle hul stert in die rots of basis vasanker en 'n buis rondom hulle bou van 'n kalsiumkarbonaat wat hulle self afskei. In die meeste spesies het een van die tentakels vervorm om 'n operkulum te vorm om hulle buiswonings toe te maak wanneer gevaar dreig. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3 |
167488 | Banteay Srei of Banteay Srey (Khmer: ប្រាសាទបន្ទាយស្រី) is ’n 10de-eeuse tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is gewy aan die Hindoegod Shiva en is naby die heuwel Phnom Dei, 25 km noordoos van die hoofgroep tempels van die Middeleeuse stede Yasodharapura en Angkor Thom. Banteay Srei is grotendeels gebou van rooi sandsteen, ’n medium wat hom leen tot die ryklik versierde muurgraveerwerk wat vandag nog sigbaar is. Die geboue self is klein, wat ongewoon is in die lig van die groot konstruksies van Angkor. Dit is daarom ’n groot trekpleister onder toeriste en word algemeen beskryf as "die juweel van Khmer-kuns". Die terrein bestaan uit drie konsentriese, reghoekige ingeslote areas wat op ’n oos-wes-as gebou is. ’n Paadjie loop van ’n buitenste toringhek na die derde, buitenste insluiting. Die binneste insluiting bevat die heiligdom en twee geboue wat biblioteke genoem word. Die tempel is op 22 April 967 ingewy en was die eerste tempel in Angkor wat nie deur ’n koning laat bou is nie. Die howelinge Vishnukumara en Yajnavaraha word as die bouers erken. |
300364 | Die slankevlambos (Mimetes pauciflorus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap, waar dit voorkom in die Outeniekwaberge en Tsitsikammaberge. Die struik is 'n lank en regop en word 4 m hoog. Die struik dra blomme van Augustus tot November, maar hoofsaaklik in September. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op bergagtige, suidelike hellings op hoogtes van 450-1 400 m. In Engels staan dit as die Three-flowered Pagoda bekend. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=804-15 https://www.proteaatlas.org.za/pagoda4.htm http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/mimetes_pauciflorus.htm |
300532 | Die Geelstompie (Mimetes palustris) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom slegs in die Kleinrivierberge tussen Hermanus en Stanford voor. Die struik is regop en word 1 m hoog en blom regdeur die jaar maar die meeste blomme verskyn van Julie tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op moerasagtige, klam hellings op hoogtes van 600- 900 m. In Engels staan dit as die Cryptic Pagoda bekend. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=804-14 http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/mimetes_palustris.htm https://www.proteaatlas.org.za/pagoda4.htm |
384016 | Lachenalia concordiana is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap en is wydverspreid in Namakwaland, vanaf Steinkopf tot by die Hantam-eskarp naby Calvinia. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3814-21 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:537152-1 |
23926 | Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Baske. Baskies (in Baskies: euskara, [eus̺ˈkaɾa]) is 'n taal wat deur sowat 545 800 Baske gepraat word. Die Baske is 'n volk wat die Baskeland in die Pireneë van Noord-Sentraal-Spanje en die buurstreek van Suidwes-Frankryk aan die Golf van Biskaje bewoon. Taalkundig is Baskies 'n geïsoleerde taal, dit word nie as 'n Indo-Europese taal beskou nie en behoort nie aan die Germaanse, Slawiese, Keltiese, Romaanse, Baltiese of enige ander Indo-Europese taalfamilie nie. Baskies omvat die ses dialekte Bizkaian, Gipuzkoan, Opper-Navarro en Neder-Navarro-Lapurdies in Spanje asook Oos-Navarro en Souletin (Zuberoan) in Frankryk. Baskiese Wikipedia (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Basque". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Augustus 2020. Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Baskies Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baskies. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Baskies. (en) "Basque language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Augustus 2020. |
13479 | 'n Gryskoppie (Fringilla coelebs) is 'n redelike algemene standvoël in denneplantasies in die Kaapse Skiereiland en dig beboste tuine. Hulle beweeg toenemend na die voorstede namate die uitheemse plantasies uitgekap word. Die voël is 14 – 16 cm groot en weeg 16 - 21 gram. In Engels staan die voël as die Common Chaffinch bekend. Vroulike gryskoppie Manlike gryskoppie Manlike gryskoppie Eiers Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=37F522810CADE42A Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
38081 | Donatello (ca. 1386- 13 Desember 1466) was 'n beroemde Italiaanse, vroeë-Renaissance kunstenaar en beeldhouer uit Florence. In sy eie tyd het veral sy reliëfwerk aandag getrek en hy word vandag beskou as een van die belangrikste Italiaanse beeldhouers van die 15de eeu. Sy werk toon 'n groot belangstelling in die menslike liggaam en vrystaande skulptuur. "Donatello" is 'n verkleiningsvorm van die kunstenaar se eintlike naam, "Donato", en beteken "presentjie". Johannes die Doper Habakuk Sint Joris Donatello het in een van die interessantste periodes van die kunsgeskiedenis geleef. Hy is aan die einde van die Gotiese tydperk gebore, toe Leonardo da Vinci, een van die grootste kunstenaars van die Renaissance, veertien jaar oud was. Soos talle van die ander groot meesters het hy ook sy opleiding in die welvarende en kunsbewuste handelstad Florence gekry. Dit, en sy besoeke aan Rome, het 'n diepgaande invloed op sy styl gehad. Die vermoede is dat hy saam met sy vriend Brunelleschi in 1402 of 1403 Rome die eerste keer besoek het. |
191318 | Sint Laurenseiland (Engels: St. Lawrence Island) is 'n eiland in die Beringsee wat onder die beheer van die deelstaat Alaska val, alhoewel dit nader aan Rusland geleë is as aan Alaska. Die grootste nedersetting, Gambell, is slegs 58 km vanaf Rusland. Die eiland is die grootste sigbare oorblyfsel van die Beringlandbrug wat Asië met Noord-Amerika verbind het. Dit is die sesde grootste eiland van die Verenigde State. Die eerste besoeker aan die eiland was Vitus Bering wat dit op Sint Laurensdag, 10 Augustus, in 1728 besoek het en dit na die dag genoem het. Tot op daardie stadium het die Yupik, wat daar gewoon het, dit Sivuqaq genoem. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint Laurenseiland. |
280471 | Die labia of skaamlippe is deel van die vroulike geslagsdele; hulle is die belangrikste uitwendig sigbare dele van die vulva. In mense is daar twee soorte labia: die labia majora (die buitenste of groot skaamlippe) en die labia minora, twee velvoue tussen die groot labia. Die labia omring en beskerm die klitoris en die opening van die vagina en urinebuis. Die labia majora of groot skaamlippe is lipvormige strukture wat hoofsaaklik uit vel en vetweefsel bestaan en aan albei kante van die vulva voorkom. Dit het dikwels ’n plomp voorkoms en is dikker na voor. Die voue tussen die labia majora en labia minora is bekend as die interlabiale plooie. Die labia minora of klein skaamlippe is twee sagte velvoue sonder vet of hare tussen die labia majora. Hulle omring en beskerm die vulvaholte, urinebuis en vagina. Die boonste deel van elke labium minora verdeel en sluit aan by beide die klitorale glans en kap. Wanneer ’n vrou staan of haar bene bymekaarhou, bedek die labia majora gewoonlik die hele of die grootste deel van die klam, sensitiewe binneste oppervlakke van die vulva, wat die vagina en urinebuis indirek beskerm, soos wat die lippe die mond beskerm. |
9319 | Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bretonners. Bretons of Bretoens (Brezhoneg, [bʁe.ˈzõː.nɛk], luister (hulp·inligting)) is 'n Eiland-Keltiese taal, wat ondanks die klassifikasie, in Armorika op die vasteland in die weste van Frankryk gepraat word. Die taal stam dan ook nie af van Gallies nie, maar het ontstaan uit Kornies en ander tale op die Britse Eilande. Tydens die Angel-Saksiese invalle in Britannië teen die begin van die 5de eeu vlug 'n groot aantal Kelte onder die leiding van hul monnike en stamhoofde na Armorika. Hulle neem die taal van Cornwall grotendeels mee en vermeng dit met die Kelties wat in Gallië gepraat is. 'n Persoon wat Bretons praat is voorheen in Frans "bretonnante" genoem, maar in die afgelope aantal jare het die term "brittophone", sy verskyning gemaak en word dit soms gebruik. Bretons word hoofsaaklik in die Weste van Bretagne gepraat (begrens deur 'n lyn tussen Saint Brieuc in die Noorde en Vannes (Bretons: Gwened) in die Suide). |
295233 | Die Mlati is 'n rivier, 'n linkersytak van die Keiskammarivier, wat in die Oos-Kaap in Suid-Afrika vloei. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
315941 | Die KwaDumarivier is 'n rivier naby Wartrail in die verre-noorde van die Oos-Kaap. Google-kaart van die KwaDumarivier se monding by Geonames.org (cc-by) Lys van riviere in Afrika Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron. |
319212 | Die artikel handel oor die spruit in die Vrystaat, vir ander spruite, sien Doringspruit. Die Doringspruit is 'n rivier wat suid van Virginia in die Vrystaat, Suid-Afrika vloei. Kaart van die Doringspruit se monding by Geonames.org (cc-by) |
365044 | Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Elandskloofrivier Die Elandskloofrivier is 'n rivier wat in die Wes-Kaap van Suid-Afrika vloei. Dit is in die opvanggebied van die Gouritsrivier en ledig in die Gamkapoortdam. 33°18′00″S 21°37′00″O / 33.3000°S 21.61667°O / -33.3000; 21.61667 Hierdie Wes-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
57290 | Die Groot-Keirivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit ontspring in die Stormberg en vloei vir ongeveer 320 km voor dit by Keimond noord van Oos-Londen in die Indiese Oseaan uitmond. Die Groot-Keirivier was voor 1994 die grens tussen die destydse Transkei en die Kaapprovinsie. Die Amatola-ghieliemientjie is endemies aan die rivier. Swart-Keirivier Wit-Keirivier Indwerivier Tsomorivier Waqurivier Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
17335 | Die Groot-Visrivier (groot genoem om dit van die Visrivier in Namibië te onderskei) is 'n rivier wat deur die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika vloei. Die Portugese seevaarders het die rivier Rio de Infante gedoop en dit het as die Oub (Vis) bekend gestaan onder die plaaslike Khoikhoi. Die Groot-Vispuntvuurtoring staan by die monding van die rivier. Die rivier word gevoed deur die Grootbrakrivier, die Tarka-, die Koonap-, die Baviaans-, die Klein-Vis- en die Katriviere. Naby sy seemonding sluit die Kaprivier ook van regs aan. Gedurende die 19de eeu het die rivier die grens van die Kaapkolonie gevorm en hewige gevegte het hier gewoed tydens die Grensoorloë van 1779 tot 1878 tussen die inheemse Xhosa-nasie aan die een kant en die Voortrekkerboere en die 1820-Setlaars uit Engeland aan die anderkant. In 1835 is die Fingostam toegelaat om hulle op die rivieroewer te vestig. Onder die apartheidstelsel het die laer gedeeltes van die rivier die westelike grens van die Ciskei-tuisland gevorm. Die rivier vloei normaalweg die hele jaar lank op natuurlike wyse al is die oorsprong van die rivier in 'n droë gebied en die vloei kan redelik traag wees sonder die eb en vloei van die seegety. |
47775 | Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Jaroslawl-oblast. Jaroslawl (Russies: Ярославль) is ’n stad in Rusland sowat 250 km noordoos van Moskou. Dit is die administratiewe hoofstad van Jaroslawl-oblast. Die historiese deel van die stad, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is geleë by die samevloei van die Wolga- en die Kotorosl-rivier. Die stad het ’n bevolking van 599 169 (2013-sensus). Die oudste gebou in die stad is die Spaso-Preobrazjenski-katedraal (Katedraal van die Verheerliking van die Verlosser) wat in 1506–1516 gebou is op die fondament van die oorspronklike kerk uit 1216–1224. In die 16de eeu is ’n steenmuur om die klooster gebou. Dit is dié klooster van waar ’n vrywilligerleër onder Koezma Minin en prins Dmitri Pozjarski in 1612 vertrek het om Moskou te bevry tydens die Tyd van Beroeringe. In 1787 is die klooster gesluit en omskep in wonings vir biskoppe en is kloostergeboue herbou. Nog ou kerke dateer uit die 17de eeu en is gebou in die sogenaamde "Jaroslawl-styl" (rooi stene, met helder teëls buite). |
102434 | Chintsa is 'n aftree- en vakansiedorpie geleë aan die Indiese Oseaankus, 38 km noordoos van Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Chintsa". Sensus 2011. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
103499 | Langenhovenpark is 'n groot, oorwegend wit voorstad van Bloemfontein in die Vrystaat. Subplek Langenhovenpark tydens die 2011-Sensus. Gereformeerde kerk Vleuels |
56655 | Koffiebaai is 'n oord by die mond van die Nengarivier (rivier van die walvis) aan die Indiese Oseaan in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, sowat 250 km suid van Durban. Daar woon ongeveer 258 mense. Die dorp word met die N2-nasionale pad verbind met die R411-streeksroete. Die dorp het sy naam gekry toe 'n skip vol koffiebone hier in 1863 gestrand het. Baie koffieplante het daarna in die volgende jaar opgekom. Die bekende Gat-in-die-muur natuurverskynsel is 8 km suid van Koffiebaai. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Koffiebaai". Sensus 2011. B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
57531 | Gariepdam is 'n dorpie in die Suid-Vrystaat, Suid-Afrika langs die Gariepdam se wal. Die dorpie, aanvanklik Oranjekrag genoem, is in die sestigerjare gebou om die werkers te huisves wat by die bou van die Hendrik Verwoerddam betrokke was. Die dorp is sedertdien tot 'n aftree- en vakansiedorp ontwikkel. Volgens die 2011-sensus het Gariepdam 'n bevolking van 1 568 gehad Lys van dorpe in Suid-Afrika B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Eric Rosenthal. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967 "Hoofplek Gariepdam". Sensus 2011. |
102830 | Heuwelsig is 'n voorstad van die stad Bloemfontein in die Vrystaat. Subplek Heuwelsig tydens die 2011-Sensus. |
103447 | Klipheuvel is 'n klein nedersetting in die Lepelle-Nkumpi Plaaslike Munisipaliteit, Capricorn-distrik in die Limpopoprovinsie. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Klipheuvel". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
72284 | Waterkloofrif is 'n voorstad in die suidooste van Pretoria, Suid-Afrika. Waterkloofrif is geleë tussen Waterkloof, Erasmusrand, Monument Park en Pierre van Ryneveldpark. "Subplek Waterkloofrif". Sensus 2011. Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei. |
60585 | Kalbaskraal is 'n dorpie in die Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap. Kalbaskraal ressorteer onder die Swartland Plaaslike Munisipaliteit wat deel is van die Weskus-distriksmunisipaliteit. Dit was 'n belangrike spoorwegknooppunt. Lys van dorpe in Suid-Afrika |
8183 | Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners (indien die townships bygereken word). Die meerderheid van die bevolking is Sothosprekend, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans. In 1873 het die NG gemeente Kroonstad besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit, wat 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad het. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf. Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad Paris. Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine. Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral mense uit Gauteng doen naweke daar aan. |
10804 | Ohrigstad is 'n klein dorpie 45 km noord van Lydenburg in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Ohrigstad is oorspronklik in 1845 deur 'n groep Voortrekkers onder die leierskap van Andries Hendrik Potgieter gestig en dra die naam van 'n Nederlandse weldoener, Georgius Ohrig, wat met die stigting behulpsaam was. Nadat malaria 'n aantal slagoffers onder die setlaars geëis het, moet hulle die dorp verlaat en keer eers later na die suksesvolle bestryding van die siekte weer terug. Dit was ook die tweede oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie. 'n Begraafplaas en die ruïnes van 'n fort uit die Voortrekkertydperk kan nog steeds besigtig word. Die Eggogrotte is 35 km noord van Ohrigstad geleë. Die bekende Abel Erasmuspas is ook bereikbaar vanaf Ohrigstad op die pad na Hoedspruit. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 1 Januarie 2018. "Hoofplek Ohrigstad". Sensus 2011. |
17359 | New Hanover is 'n klein dorpie in die KwaZulu-Natalmiddellande, Suid-Afrika. Dit is omtrent halfpad tussen Pietermaritzburg en Greytown geleë. New Hanover is in die 1850's deur Duitse katoenboere gestig. Die dorp is na Hannover in Duitsland vernoem. Duits word nog baie gepraat in die distrik. Die spoorlyn het die dorp in 1899 bereik. Vandag is die hoof ekonomiese produk suikerriet gevolg deur vrugte, graan en bosbou. Dit is naby ander nedersettings met 'n Duitse oorsprong soos Wartburg, Kirchdorf, Lillienthal, Schroeders en Hermannsburg. Die distrik is 1 400 km2 groot. Daar is verskeie watervalle in die omgewing. Suikerriet en swartwattel is die belangrikste produkte van die distrik. Die Albert Falls-dam en natuurreservaat is 25 km suidwes van die dorp. Lys van dorpe in Suid-Afrika Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4. Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk. "Subplek New Hanover". Sensus 2011. |
21374 | Barkly-Oos is 'n dorp in die provinsie Oos-Kaap sowat 116 km suidoos van Aliwal-Noord. Dit is in 1874 aangelê op die plaas Rockey Park en genoem na sir Henry Barkly, goewerneur van die Kaap van 1870 tot 1877. Munisipale status is in 1881 verwerf. Op 1 813 meter bo seevlak is dit een van die hoogsliggende plekke in Suid-Afrika. Tiffendell, Suid-Afrika se enigste ski-oord, lê naby die dorp. Barkly-Oos is die sentrum van die belangrike wolproduserende distrik New England. Die bevolking in 1978 was 13 176, waarvan 1 637 wit was. Die gebou waarin die Barkly-Oos-museum gehuisves word, is in 1891 opgerig as biblioteek en munisipale kantoor. In die middel van die 20ste eeu het mev. Freda Hattingh stukke van geskiedkundige belang begin versamel en toe voorgestel dat die dorp ’n museum kry. Die dorpsraad, wat kort vantevore 'n moderne nuwe gebou en stadsaal in die middedorp betrek het, het die gebou beskikbaar gestel en die museum is op 6 Augustus 1972 ingewy. Die museum dek die geskiedenis van Barkly-Oos se dorp en distrik van die vroegste tye af met ’n uitstalling oor die San. |
2748 | Die jaar 968 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 68ste jaar van die 10de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 25 Desember – Pous Johannes XIII wy Adelbert as die eerste aartsbiskop van Magdeburg. Volgens die tradisie stig Topiltzin Ce Acatl Quetzalcoatl die stad Tollan-Xicocotitlan, naby Tula, wat die begin van die Tolteke inlei. Ethelred II, koning van Engeland († 1016) Romanos III Argyros, keiser van Bisantium († 1034) |
30054 | Boston [ˈbɒstən] is 'n stad aan die Atlantiese kus in die Verenigde State van Amerika. Dit is die administratiewe sentrum en die grootste stad van sowel die deelstaat Commonwealth of Massachusetts asook die Nieu-Engeland-streek in die noordoostelike Verenigde State met 'n geskatte bevolking van 673 184 in 2016. Boston word as die ekonomiese en kulturele sentrum van Nieu-Engeland beskou en vorm ook die middelpunt van die metropolitaanse gebied van Groter Boston wat stede soos Cambridge en Quincy insluit en met 'n bevolking van 4,5 miljoen die 11de grootste demografiese sentrum van die VSA vorm. Die stad, wat in 1630 deur Engelse Puriteine van die Massachusetts Bay Company op die Shawmut-skiereiland gestig is, het in die laat 18de eeu 'n beduidende rol tydens die Amerikaanse Rewolusie gespeel. Net soos die Boston-slagting (Boston Massacre, 1770) en die Boston-teeparty (Boston Tea Party, 1773) het ook verskeie vroeë slagte van die Rewolusionêre Oorlog soos die Slag van Bunker Hill en die Beleg van Boston hier en in die nabye omgewing plaasgevind. In die tydperk tussen 1830 en 1865 was Boston die sentrum van die Amerikaanse anti-slawerny-beweging. |
101377 | Die nasionale vlag van Pakistan (Oerdoe: قومی پرچم, Qaumī Pārc̱am) is op 11 Augustus 1947 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale wit baan aan die vlagpaalkant met ’n enkele groen baan in die wapperkant met ’n ster en sekelmaan in wit daarop. Die Pakistanse nasionale volkslied (قومی ترانہ, Qaumī Tarānah) verwys in die derde vers met die woorde پرچمِ ستاره و ہلال رہبرِ ترقّی و کمال – "Vlag met die ster en sekelmaan, die leier van vordering en opstyg" – na die vlag. Die groen stel Islam en die Moslemse meerderheid in Pakistan voor terwyl die it baan religieuse minderhede en minderheidsgelowe voorstel. Die ster en sekelmaan stel onderskeidelik lig en vooruitgang voor. Die vlag in geheel stel Pakistan se toewyding aan Islam en die regte van religieuse minderhede voor. Dit is gebaseer op die oorspronklike vlag van die Moslemliga wat op sy beurt sy inspirasie uit die vlag van die Sultanaat Delhi, die vlag van die Ottomaanse Ryk en die vlag van die Mogolryk gekry het. Die amptelike ontwerp van die nasionale vlag is deur die Wetgewende Vergadering aanvaar, tesame met ’n definisie van die eienskappe en verhoudinge. |
6081 | Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal voorafgegaan deur die lek van preseminale vloeistof. Ejakulasie is ’n refleksbeweging. As dit eers begin, kan dit nie gekeer word nie. Twee fases van ejakulasie word beskryf: ’n voorwellings- en volwaardige ejakulasiefase. Die voorwellingsfase begin wanneer spermselle vanuit die epididimus, waar dit geberg word, deur die twee vasa deferentia aangestoot word tot by die ampul aan die bopunt van hierdie twee buisies. Wanneer die saad dan deur die uitstortingsbuise beweeg en met vloeistowwe gemeng raak, staan dit bekend as semen. Op hierdie tydstip neem die volwaardige ejakulasiefase ’n aanvang en word die semen in ritmiese sametrekkings deur die uretra uitgespuit. Die totale duur van ejakulasie is omtrent drie tot tien sekondes. |
235697 | Nelson Eddy (29 Junie 1901 – 6 Maart 1967) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Naughty Marietta (1935), Let Freedom Ring (1939), Balalaika (1939), en Phantom of the Opera (1943). 1935: Naughty Marietta 1936: Rose-Marie 1937: Maytime 1937: Rosalie 1938: The Girl of the Golden West 1938: Sweethearts 1939: Let Freedom Ring 1939: Balalaika 1940: Bitter Sweet 1940: New Moon 1941: The Chocolate Soldier 1942: I Married an Angel 1943: Phantom of the Opera 1944: Knickerbocker Holiday 1946: Make Mine Music 1947: Northwest Outpost 1952: The Linkletter Show 1955: The Desert Song 1966: New Year's Eve Party with Guy Lombardo 1992: Nelson and Jeanette Nelson Eddy in die Internet-rolprentdatabasis |
94006 | Micene of Mukene (Grieks: Μυκῆναι, Mykēnai, of Μυκήνη, Mykēnē) is ’n argeologiese terrein in Griekeland. Dit is sowat 90 km suidwes van Athene op Noordoos-Peloponnesos. Argos is 11 km suid daarvan en Korinthe 48 km noord. In die tweede millennium v.C. was Micene een van die belangrikste sentrums van die Griekse beskawing, ’n militêre vesting wat ’n groot deel van Suid-Griekeland oorheers het. Die deel van die Griekse geskiedenis tussen omstreeks 1600 en 1100 v.C. word die Miceense tydperk genoem met verwysings na Micene. Op sy hoogtepunt in 1350 v.C. het die sitadel en onderdorp ’n bevolking van 30 000 gehad en ’n oppervlakte van 32 hektaar. Hoewel die sitadel deur die Grieke gebou is, word geglo die naam is nie Grieks nie, maar een van die Voorgriekse name van die streek. Volgens Griekse legendes hou die naam egter verband met die Griekse woord μύκης (mycēs, "sampioen") en die mitologiese figuur Perseus, wat dit genoem het na óf na die punt (mycēs) van sy swaardskede óf ’n sampioen wat hy op die terrein gepluk het. |
317504 | Die Oosters-Katolieke Kerke of Oriëntaal-Katolieke Kerke, of bloot die Oosterse Kerke, is 23 Oosters-Christelike outonome kerke van die Katolieke Kerk wat in gemeenskap is met mekaar en met die Latynse Kerk (ook bekend as die "Westerse Kerk"). Die meeste van die Oosters-Katolieke Kerke is groepe wat op verskillende tye in die verlede tot die Oosters-Ortodokse Kerk, die Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die historiese Kerk van die Ooste behoort het, maar teruggekeer het na gemeenskap met Rome vanweë politieke en kulturele omstandighede wat die kerke se betrekkinge beïnvloed het. Die vyf liturgiese tradisies van die 23 Oosters-Katolieke Kerke is die Aleksandriese, Armeense, Bisantynse, Oos-Siriese en Wes-Siriese Rite en dit word gedeel met ander Oosters-Christelike kerke. Die Katolieke Kerk bestaan dus uit ses liturgiese rites: die vorige vyf van die Oosters-Katolieke Kerke en die Latynse Rite van die Latynse Kerk. Aan die hoof van die Oosters-Katolieke Kerke is patriarge, metropolitane en aartsbiskoppe. Hulle volg die kerkwette van die Oosterse Kerke, hoewel elke kerk daarbenewens sy eie wette volg en sy eie tradisies handhaaf. |
132506 | Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering. Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue en staan op ’n terrein van 72 ha. Die argitektuur is tradisioneel Chinees en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld. Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers. |
30755 | Die Ring van Vuur, ook bekend as die Pasifiese Vuurgordel, is 'n gebied aan die rand van die Stille Oseaan waar gereelde aardbewings en vulkaniese uitbarstings plaasvind. Die hoefystervormige gebied is sowat 40 000 km lank en tot 500 km breed. Dit sluit die Pasifiese kuslyne van Suid-Amerika, Noord-Amerika en Kamtsjatka in, asook sommige eilande in die westelike Stille Oseean. Hoewel geoloë oor feitlik al die gebiede saamstem wat deel van die Ring van Vuur is, is daar tog gebiede waaroor hulle verskil, soos die Antarktiese Skiereiland en Wes-Indonesië. Die gordel is 'n regstreekse gevolg van plaattektoniek: veral die beweging, botsings en verwoesting van litosferiese plate onder en om die Stille Oseaan. Die botsings het 'n feitlik aaneenlopende reeks subduksiesones gevorm, waar vulkane geskep word en aardbewings voorkom. By hierdie konvergente plaatgrense het seetrôe, vulkaanboë en vulkaangordels gevorm. Die Ring van Vuur is nie 'n enkele geologiese struktuur nie. Vulkaanuitbarstings en aardbewings in elke deel van die gordel kom onafhanklik voor van uitbarstings en aardbewings in ander dele. Die Ring van Vuur bevat sowat 850 - 1 000 vulkane wat in die afgelope 11 700 jaar aktief was (omtrent twee derdes van die wêreld se totaal). |
2989 | Die jaar 863 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 63ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Graaf Lando van Capua word opgevolg deur sy broer graaf-biskop Landulf. 'n Sinode in Rome onder leiding van Pous Nicolaas I ekskommunikeer Patriarg Photius. Junie – Sinode vam Metz bevestig die besluit van die sinode van Aken wat goedkeuring verleen het aan die huwelik van Lotarius II van Lotaringe met sy minnares Waldrada. Augustus – Koning Boris van Bulgarye stuur 106 vrae oor die geloof en die kerk aan Pous Nicolaas I. Oktober – Pous Nicolaas I veroordeel die besluite van die sinode van Metz en ekskommunikeer Gunter van Keulen en Thietgaud van Trier. |
3025 | Die jaar 899 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 26 Oktober – Koning Alfred die Grote van Engeland (* 848/9). 8 Desember - Keiser Arnolf van Karintië |
17305 | Die erdvark (Orycteropus afer) is 'n soogdier wat in Afrika voorkom en snags aktief is. Dit is die enigste oorlewende spesie van die soogdierorde Tubulidentata (buistandige). Die dier staan ook bekend as die aardvark. Die erdvark is oorspronklik in dieselfde orde geplaas as die miereter, luiaard en gordeldier, in die orde Edentata. In teenstelling met die miereterorde, het die aardvark wel tande: twintig in totaal; dit het egter geen voortande nie. Die tande het nie emalje nie en word gebruik om die rysmiere wat gevreet is, te vergruis voordat hulle afgesluk word. Erdvarke word meestal in gebiede in Suid- en Oos-Afrika gevind en kan in 'n verskeidenheid habitatte aangetref word: grasvlaktes, bosvelde of woude – enige plek waar daar 'n voldoende aantal miere en termiete is. Die erdvark se voorkoms herinner aan dié van 'n vark met 'n lang snoet. Dit is 'n groot soogdier: 'n volwasse erdvark het 'n gemiddelde lengte van 170 cm. Die dier is dus ook redelik swaar en kan tussen 40 en 100 kg weeg. |
23599 | Die enigste manier om vas te stel of 'n gebied waardevolle brandstofneerslae besit, is om te boor of 'n gat te grawe en te kyk wat gebeur. Lank gelede het die prospekteerders in Amerika alles gewaag op boorgate wat dikwels min of geen kans op sukses gehad het nie. Vandag word daar altyd deeglike geologiese opnames gedoen voordat daar geboor word. Geoloë gebruik 'n reeks wetenskaplike toetse om vas te stel presies wat onder die grond lê. Tydens 'n geologiese opname word groot gebiede vinnig en akkuraat op kaarte vasgelê met behulp van lugfotografie. Geoloë kan baie inligting omtrent ondergrondse rotsformasies van só 'n kaart verkry. Deur fossiele en rotsmonsters in 'n gekose area te versamel, kan geoloë dan die ouderdom en die soort gesteente bepaal wat op die kaart aangedui word. Tydens 'n geofisiese opname verskaf moderne wetenskaplike instrumente akkurate inligting omtrent die fisiese eienskappe van die aarde, soos die magnetiese en gravitasieveldsterkte, elastisiteit, digtheid en die hoeveelheid radioaktiwiteit. Die geoloog gebruik hierdie inligting om sekere rotslae te identifiseer. Seismiese metodes word algemeen in die olienywerheid gebruik om die teenwoordigheid van brandstof wat in die rots vasgekeer is, asook die dikte van die poreuse bronrotse te bepaal. |
21907 | Curt Karl Bruno von François (gebore 2 Oktober 1852 in Luxemburg, gesterf 28 Desember 1931 in Königs Wusterhausen) was offisier van die Duitse Schutztruppe in die eertydse kolonie Duits-Suidwes-Afrika en op 18 Oktober 1890 die stigter van die teenswoordige Namibiese hoofstad Windhoek. Curt von François was die seun van die Pruisiese genl. Bruno von François wat in 1870 tydens die Slag van Spichern gesneuwel het. Sy familie is van Hugenote-oorsprong. Hy het die kadetskool in Wahlstatt besoek en later in Berlyn en het die Frans-Duitse Oorlog meegemaak. In 1883 neem hy deel aan die Kasai-ekspidisie saam met Hermann von Wissmann en in 1885 saam met George Grenfell aan die navorsingsreis na Tsjuapa en Lulongo. Na sy terugkeer na Duitsland word hy verkies tot lid van die Groot Generalestaf en tot die offisiersrang van hoofman bevorder. Vanaf 1887 word hy na die Duitse kolonies Togo en die Kameroen gestuur. Terwyl hy daar was, bereik die versoek hom in 1889 of hy bereid sou wees om die Schutztruppe in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika op die been te bring en te lei in die beskerming van Duitse belange in die gebied. |
26161 | Bipolêre gemoedsteuring is 'n siektetoestand wat gekenmerk word deur skommelinge in gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie tot uiterste manie. Daar bestaan nuwe geneesmiddels daarvoor, en behandeling kan die simptome grootliks verlig en psigososiale funksionering verbeter. Bipolêre gemoedsteuring het vroeër bekend gestaan as maniese depressie vanweë die gemoedsveranderings vanaf 'n opgewekte "maniese" toestand tot 'n toestand van algehele depressie. Die uitermate gemoedskommelings wat lyers aan dié steuring ervaar, is vir hulle ontstellend en ontredderend en veroorsaak dat hulle nie normaal in die samelewing kan funksioneer nie. Persone wat aan bipolêre gemoedsteuring ly, ondervind gemoedstemmings wat wissel van maniese opwinding tot ernstige depressie, met periodes van normaliteit tussenin. Alle mense ervaar skommelings van hul gemoedstoestand. Die verskil is egter dat mense met bipolêre gemoedsteuring soms kontak met die werklikheid verloor. Die gemoedskommelings kan drasties en skielik plaasvind, maar meestal is daar 'n geleidelike oorgang. Die eerste episode van bipolêre gemoedsteuring kan 'n manies-depressiewe episode wees, of kan kenmerke van albei fases toon. Hierna kan jare volg waartydens die persoon geen simptome ervaar nie. Die simptome stem dikwels ooreen met dié van ander toestande, soos persoonlikheidssteurings, antisosiale gedrag, verslawingsteurings, ensovoorts. |
75889 | Oceanos se wrak Oos-Londen Die passasierskip Oceanos het op 5 Augustus 1991 sowat 10 km van Koffiebaai aan die Transkeise Wildekus vergaan. Dit het een van die wêreld se mees dramatiese en suksesvolste reddingsaksies tot gevolg gehad. Die skip van 14 000 ton is in 1952 in Frankryk gebou, en kon 'n maksimum van 550 passasiers en 250 bemanningslede vervoer. Alhoewel die skip sedert 1976 as die Oceanos bekend was, het dit voorheen die name Jean Laborde, Ancona en Eastern Princess gedra. Vanaf 1976 was dit die eiendom van die Griekse maatskappy Epirotiki met Piraeus as tuishawe. Sedert 1988 het dit plesiertogte tussen Londen en Durban vir TFC Tours onderneem. Instandhoudingswerk aan die skip was helaas agterstallig. Vroeg in Augustus 1991 was die skip van Kaapstad via Oos-Londen na Durban onderweg. Op 3 Augustus tydens 'n sterk wind en onstuimige see spoel seewater deur 'n reeds bestaande gat van 10 cm in die romp die masjienkamer binne en word die kragopwekkers uitgeskakel. Skepe in die omgewing en helikopters van die Suid-Afrikaanse Lugmag het al die 571 opvarendes gered en by The Haven en Gat-in-die-muur (Hole in the Wall) aan land gebring. |
84013 | Beestong is 'n dis of gereg wat gemaak word van die tong van 'n koei of enige ander bees. Beestong is baie hoog in vetpersentasie, byna 75% van sy kalorieë is afkomstig van vet. 'n Tong word dikwels gesout en met uie en ander speserye in 'n pot geplaas om te kook. Nadat dit gaar is, word die vel verwyder. 'n Gepekelde tong kan soms deur die kok gebruik word, want dit is reeds met geurmiddels behandel. As die tong in 'n sous gaargemaak word, kan die sous weer later gebruik word vir frikkadelle of enige ander gereg. Nog 'n manier van voorbereiding van tong is om dit in kookwater te plaas (dit word grys van kleur) en dan die vel af te trek. Hierna word die tong in 'n oond gebak en met behulp van die pandrupsels kan dan 'n heerlike sous berei word. Lande soos Kanada, spesifiek die provinsie Alberta, voer groot hoeveelhede beestong uit. In België word beestong gewoonlik voorberei met sampioene in 'n Madeira-sous. In Pole, Duitsland en Oostenryk word dit bedien met peperwortelsous. |
99895 | Die NG gemeente Dealesville is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Boshof. Met sy stigting was dit die 39ste gemeente in die Vrystaatse Sinode. Die gemeente is in 1904 gestig as die tweede van die 13 Vrystaatse NG gemeentes wat in die dekade ná die Tweede Vryheidsoorlog tot stand gekom het. Ds. C.W. Retief skryf in Ons Kerk Album by Dealesville, wat anders as amper die ander gemeentes s'n in 'n vroeë vorm van Afrikaans geskryf is: "Die gemeente is in 1904 gestig, sover ons kan uitmaak." Die eerste genotuleerde kerkraadsvergadering is op 13 Augustus onder voorsitterskap van ds. D. Bosman, die predikant van Boshof gehou. Die eerste kerkgebou was 'n privaat woning wat gekoop en stuksgewys verbeter is. Op 11 Maart 1905 is hierdie kerk ingewy. In dieselfde jaar is 'n boukommissie aangestel om 'n pastorie te bou. Die gemeente se eerste beroep is uitgebring op prop. J. de Wet, wat egter bedank het. Op 27 Maart 1904 is die beroep uitgebring op prop. A.L. Badenhorst, wat dit aangeneem het. Soos ds. |
121357 | Kuit is die eiers en sperma wat waterdiere in die water vrylaat vir voortplanting. Die proses word kuitskieting genoem. Die meeste waterdiere, behalwe watersoogdiere en reptiele, plant voort deur kuit te skiet. Kuit bestaan uit die voortplantingselle (gamete) van baie waterdiere; baie sal bevrug raak en kleintjies tot gevolg hê. Kuitskieting behels gewoonlik dat wyfies hul onbevrugte eiers in die water vrylaat, gewoonlik in groot hoeveelhede, terwyl mannetjies terselfdertyd of net daarna spermselle vrylaat om die eiers te bevrug. Die meeste visse plant voort deur kuitskieting, so ook die meeste ander waterdiere – skaaldiere soos krappe en garnale, weekdiere soos oesters en pylinkvisse, stekelhuidiges soos seekastaiings en seekomkommers, amfibieë soos paddas en watersalamanders, waterinsekte soos eendagsvlieë en muskiete asook korale, wat eintlik klein seediertjies is en nie plante nie. Fungi soos sampioene stel ook ’n wit, veselagtige stof vry wat die matriks vorm waaruit hulle groei. Daar is baie verskillende maniere waarop kuitskieting plaasvind; dit hang af van die seksuele verskille in anatomie, hoe die geslagte by mekaar aansluiting vind, waar en hoe die kuit geskiet word en of die kuit daarna bewaak word of nie. |
122755 | Ga-Kgoroshi is 'n klein Swart nedersetting in Aganang Plaaslike Munisipaliteit noordwes van Polokwane, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Ga-Kgoroshi". Sensus 2011. Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
124837 | Jeremy Cronin (1949-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, politikus en aktivis. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die ANC se nasionale uitvoerende komitee, asook ’n gewese adjunkminister in pres. Jacob Zuma se kabinet. In die 1970's voltooi hy sy meestersgraad in die filosofie in Frankryk. Sy werk in die SAKP se propaganda-eenheid lei in 1976 tot sy skuldigbevinding ingevolge die destydse Wet op Binnelandse Veiligheid en ’n vonnis van sewe jaar gevangenskap. In 1983 is hy met die Ingrid Jonkerprys vir sy bundel Inside and out bekroon. Cronin is op 12 September 1949 in Kaapstad gebore en het in 'n Rooms-Katolieke gesin in Rondebosch grootgeword. Gedurende sy tienerjare wou hy 'n priester word. Hy doen sy militêre diens in die Suid-Afrikaanse Vloot en ontvang in 1968 'n beurs om aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. Hier word hy 'n lid van die Radikale Studentevereniging en is hy as 'n lid van die destyds verbande SAKP gewerf. |
137529 | Die term boukuns, wat dikwels as 'n sinoniem van argitektuur gebruik word, omvat in sy nouer betekenis veral die visuele - in die praktyk dikwels die estetiese - element in bouwerk, in teenstelling met die begrip boukunde, wat meer op die tegniek en konstruksie betrekking het. Argitektuur mag sodoende gedefinieer word as 'n ingenieursdissipline waarin die ontwerp, beplanning en verwesenliking van driedimensionele ruimtes en ander strukture 'n sentrale rol speel (so het die term argitektuur in hierdie nouer betekenis ook ingang gevind tot die inligtingstegnologie), terwyl boukuns ook na die subjektiewe estetiese ruimte-ervaring van die waarnemer kan verwys wat nie deur wiskundige reëls beskryf kan word nie. Die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832) fokus op 'n aspek van argitektuur waardeur hierdie ingenieurswetenskap in die kunssfeer gebring word. Vir hom baseer boukuns op die noukeurige kennis van die boumateriaal, op die bepaalde gebruik waarvoor 'n gebou bestem is, die harmonie van die sintuiglike waarneming daarvan en op die "poësie wat van 'n bouwerk werklik 'n kunswerk maak." |
192615 | 丙申 Die Vuuraap (丙申, bǐngshēn) is die 33ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die negende Aardtak (申, shēn), gesimboliseer deur die Aap (猴, hóu). Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuuraapjaar het in 2016 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 8 Februarie 2016 tot 27 Januarie 2017. Die volgende jare is Vuuraapjare: Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia |
194013 | Crella erecta is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Crella en tot die familie Crellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1963 deur Lévi. Van Soest, R. (2011). Crella erecta. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=169058. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
13831 | Ouvre (uitspraak: oe-wre) is 'n leenwoord uit Frans wat verwys na die hele korpus van 'n kunstenaar se werk as 'n geheel. Ouvrepryse word op verskillende artistieke gebiede uitgereik. Daar is byvoorbeeld oeuvrepryse vir skrywers en akteurs. So 'n prys word dan vir die somtotaal van die kunstenaar se werke uitgereik, en nie vir 'n enkele werk nie. As voorbeelde: Die skrywer Chris Barnard ontvang in 1991 die Hertzogprys vir drama vir sy oeuvre. Deon Opperman ontvang in 2006 die Hertzogprys vir sy hele oeuvre. Bloemlesing, beste skrywes van 'n outeur of outeurs. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
17491 | Marthinus Theunis Steyn (Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat 2 Oktober 1857 – Bloemfontein, 28 November 1916) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, en die sesde en laaste Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1896 tot 1902. Die fregat SAS President Steyn is na hom vernoem. Hy is gebore op die plaas Rietfontein in die distrik Winburg op 2 Oktober 1857. Steyn is oorlede op 28 November 1916. Steyn se pa, Marthinus, was 'n lid van die Vrystaatse Volksraad en 'n vriend van President Jan Brand. Steyn het aan Grey-kollege in Bloemfontein sy skoolloopbaan ontvang en later in Nederland verder studeer aan die Universiteit van Leiden. Steyn is in 1882 tot die balieraad toegelaat en teruggekeer na die Vrystaat. Sy praktyk in Bloemfontein het goed gedoen en in 1889 is hy aangestel as Prokureur-Generaal van die Oranje-Vrystaat. Hy is ook as regter aangestel in dieselfde jaar. Vroeë jare Marthinus Theunis Steyn was 'n afstammeling uit die boere-adel van Suid-Afrika. Sy oupa, Pieter Gysbert Steyn, en ook sy vader, Marthinus, was welgestelde wamakers in Swellendam, waar die vooraanstaande Steyn-familie hulle in omstreeks 1752 gevestig het. |
37975 | Electrolux, 'n Sweedse maatskappy met sy hoofkwartier in Stockholm, is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van huishoudelike toestelle soos wasmasjiene, skottelgoedwassers, koel- en vrieskaste, elektriese oonde en stowe en stofsuiers wat jaarliks meer as 40 miljoen produkte aan verbruikers in 150 lande verkoop. Electrolux is daarnaas ook die eienaar van ander vervaardigers en handelsmerke in dié bedryf soos byvoorbeeld Elektro-Helios, Husqvarna, Zanussi (Italië), AEG (Duitsland), Volta, Kelvinator (Australië en Suid-Afrika), Frigidaire en Eureka (VSA). Electrolux is in 1919 deur die stofsuier-fabrikant Axel Wenner-Gren gestig wat destyds die bedrywighede van twee maatskappye, Elektromekaniska AB (wat in 1910 gestig is) en AB Lux (1901), saamgesmelt het. National Consumer Brands, volgens Electrolux se tuisblad |
52471 | Die NG gemeente Cradock is die elfde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die derde oudste in die Sinode van Oos-Kaapland. Dit is die moedergemeente op die dorp Cradock, waar daar ook 'n gemeente Cradock-Noord (1966) en -Oos (1951) is. Ná die Eerste Grensoorlog van 1812 het die soldaat-goewerneur, sir John Cradock, besluit om die grens te versterk deur twee sub-drosdye van Uitenhage en Graaff-Reinet te skep wat as militêre voorposte kon dien in geval van verdere aanvalle deur die Xhosas. Die een word later Cradock en die ander Grahamstad. Op 20 Junie 1812 word Andries Stockenström, later luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie, aangestel as adjunk-landdros by Van Stadensdam in die vallei van die Groot-Visrivier. Kort voor lank verander hy sy standplaas na die plaas Buffelskloof, waarvan die eienaar Pieter van Heerden was en wat besonder aangenaam en strategies geleë was na aan 'n waterbron. Sir John Cradock besoek die plek en keur dit as ligging vir 'n dorp goed. Die regering koop die plaas vir 3 500 riksdaalder, omskep die opstal in 'n gevangenis en rig ook regeringsgeboue op. |
61033 | Die Klipsuier (Chorisochismus dentex) is 'n seevis wat endemies is aan Suid-Afrika en kom vanaf Swakopmund tot by Durban voor. In Engels staan die vis bekend as die Rocksucker. Die vis se kleur verander na aanleiding van die omgewing. Die bekkenvinne is aangepas sodat dit 'n skyf vorm waarmee die vis aan rotse vassuig. Nadat die vis dood is, verander die kleur na rooierig. Die vis word tot 30 cm groot. Die vis is 'n bodembewoner en gaan nooit dieper as 10 m nie. Hulle leef veral in getypoele. Indien hengelaars die vis vang suig die vis so vas aan die rotse dat die hengelaar se lyn sal breek sonder dat die vis die rots sal los. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies http://fishbase.org/summary/Chorisochismus-dentex.html Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 |
59095 | Die Karoo-supergroep is die grootste van Suid-Afrika se stratigrafiese eenhede. Dit bedek ongeveer twee derdes van die huidige landoppervlak van Suid-Afrika, en sluit feitlik die hele Vrystaat, groot dele van die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Mpumalanga en die westelike deel van KwaZulu-Natal in. Dit strek ook verder en bedek dele van Lesotho, Namibië, Eswatini, Zambië, Zimbabwe en Malawi, asook dele van ander kontinente wat deel van die superkontinent Gondwana was. Die bekkens waarin dit afgeset is, het gevorm tydens die vorming en opbreking van die oerkontinent Pangea. Die hoofgebied van die Karoo-supergroep is die Karoo, waar die meeste klipbanke van die opeenvolging blootgelê is. Die supergroep se strata, wat hoofsaaklik uit skalie en sandsteen bestaan, verteenwoordig ’n feitlik aaneenlopende opeenvolging van mariene-glasiale tot terrestriale afsettings vanaf die laat Karboon- tot die vroeë Jura-periode, ’n tydperk van sowat 120 miljoen jaar. Dit het versamel in ’n bekken met die naam "Karookom" in Suid-Gondwana, aan die suidelike grens van die huidige Suider-Afrika. |
67465 | Die Voëlsitboom (Antidesma venosum) is 'n klein, immergroen boompie wat aan die ooskus van Suid-Afrika, noord van Oos-Londen tot by Mosambiek voorkom. Manlike en vroulike blomme word op verskillende bome geproduseer en het 'n onaangename reuk. Die vrugte kom voor in trossies van ongeveer 10 cm lank. Elke vrug is sowat 8 x 4 mm groot en vlesig. Die vrugte is groen wanneer hulle jonk is en word later helderrooi en uiteindelik perserig-swart. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
69553 | Messier 32 of M32 (ook bekend as onder meer NGC 221) is ’n dwergsterrestelsel sowat 2,65 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Andromeda. Dit is ’n satellietstelsel van die bekende Andromeda-sterrestelsel (M31) en is in 1749 deur Le Gentil ontdek. Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M32 is net 6 500 ligjare op sy breedste. Soos die meeste elliptiese sterrestelsels bevat dit meestal ouer, dowwe rooi en geel sterre met omtrent geen stof of gas nie, wat beteken geen nuwe sterre word gevorm nie. Daar is egter tekens van stervorming in die relatief onlangse verlede. Die struktuur en sterre van M32 is moeilik om te verduidelik aan die hand van tradisionele modelle. Onlangse simulasies dui op ’n nuwe scenario: dat die getyveld van M31 die spiraalsterrestelsel in ’n kompakte elliptiese stelsel kon verander het. Wanneer ’n klein sterrestelsel in die sentrale dele van M31 beland, word die grootste deel van die buitenste lae van die kleiner stelsel weggestroop. Die sentrale romp van die kleiner stelsel word veel minder beïnvloed en behou sy vorm. |
72559 | Michael I Rangabe (Grieks: Μιχαῆλ A' Ῥαγγαβέ; omstreeks 770 – 11 Januarie 844) was die Bisantynse keiser van 811 tot 813. Hy was die seun van die patrisiër Theophylaktos Rangabe, admiraal van die Egeïese Vloot, en het getrou met Prokopia, dogter van die toekomstige keiser Nikephoros I Logothetes. Hy het Nikephoros se rampspoedige veldtog teen die Bulgare in 811 oorleef waarin sy skoonpa dood is en is beskou as ’n meer geskikte kandidaat vir keiser as sy swaar gewonde swaer, Staurakios. Toe Prokopia nie daarin kon slaag om haar broer te oorreed om Michael as sy opvolger te benoem nie, het Michael se ondersteuners Staurakios gedwing om op 2 Oktober 811 te abdikeer. Michael het ’n beleid van versoening gevolg en Nikephoros se hoë belasting verlaag. Hy het ook baie geld versprei onder die leër, burokrasie en kerk. In 813 het Michael se leër weer die Bulgare aangeval en is hulle verslaan. Dit het die keiser se beeld groot skade berokken. Terwyl teen hom saamgesweer is, het hy ten gunste van Leo V geabdikeer en ’n monnik geword met die naam Athanasios. |
87133 | Nehemia is die 16de boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Ook Nehemia se optrede is in belang van die tempeldiens deurdat hy Jerusalem, die tempelstad, se mure onder teenstand herbou en die stad beveilig teen die teenstanders van die Jode. Sy hervormings is ook op die behoud van die suiwer tempeldiens gerig. Dieselfde geld vir Esra se optrede saam met hom. Die liefde vir die tempeldiens blyk verder uit die optrede van die priesters en die Leviete. Nehemia, 'n skinker van die Persiese koning, was in alles afhanklik van die Here; dit blyk uit sy kort skietgebede (2:4;6:9) maar veral uit die pragtige langer gebede wat in die boek opgeteken is en uit die woorde waarmee hy sy mense bemoedig het. Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Nehemia. |
103531 | Die NG gemeente Delmas is ’n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Hoëveld Sinode met sy setel op die dorp Delmas in Mpumalanga aan dié provinsie se grens met Gauteng. Die gemeente verleen sy naam aan die Ring van Delmas, waartoe die gemeentes op Springs aan die Verre-Oos-Rand ook behoort. Delmas is op 22 Mei 1918 van die gemeente Benoni afgestig, so lui die amptelike kennisgewing van die Scriba Synodi in De Kerkbode. Die gemeente het geen bruidskat ontvang nie en moes maar self die hand aan die ploeg slaan. Daar was geen kerksaal, geen pastorie, totaal niks. Daar moes van onder af begin word. Die gemeente moes in 'n ou graanskuur byeenkom. Die eerste kerkraadsvergadering is op 10 Junie 1918 gehou. Ds. T.D. Potgieter, destyds spoorwegleraar van die Transvaalse Kerk, het die beroep hierheen aangeneem en op Saterdag 19 April 1919 (die geboortedag van die latere leraar ds. M.J.P. Olivier) is ds. Potgieter om elfuur die oggend bevestig en het hy sy intreepreek om tweeuur die middag gelewer. So het die dienstyd van hierdie dienskneg van die Here begin en het dit tot 1926 geduur. |
120001 | Heurteauville is 'n Franse dorp in die département Seine-Maritime (région Normandië), wes van Rouen, met sowat 300 inwoners (2014). Die dorp is op die linkeroewer van die Seinerivier in die meander van Brotonne. Heurteauville was 'n dorpie van Jumièges tot Oktober 1868. |
117607 | Atholhurst is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. "Subplek Atholhurst". Sensus 2001. Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei. |
140193 | Emmanuel Nkosinathi "Nathi" Mthethwa (gebore 23 Januarie 1967) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress. Hy is die dienende kabinetsminister van sport, kuns en kultuur. |
142281 | Clathrina fjordica is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die kalksponse (Calcarea). Die spons leef in die see en sy parenkiem bestaan uit kalsiumkarbonaat. Die spons behoort tot die genus Clathrina en tot die familie Clathrinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2009 deur Azevedo, Hajdu, Willenz & Klautau. Klautau, M. (2011). Clathrina fjordica Azevedo, Hajdu, Willenz & Klautau, 2009. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=397237. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
25038 | Charlottetown (IPA: /'ʃɑɹ.lɪ.taʊn/) is die hoofstad van die Oos-Kanadese provinsie Prins-Edward-Eiland met 32 174 inwoners volgens die sensus van 2006. Die agglomerasie van Charlottetown huisves met 58 625 mense meer as 'n derde van die provinsiale bevolking. Die stad is in 1855 geïnkorporeer en het in 1885 stadstatus verkry. Charlottetown dien ook as die administratiewe setel van die distrik Queens County. Die stad is in 1720 deur Franse onder die naam Port La-Joye gestig. Nadat die nedersetting in 1758 onder Britse heerskappy gekom het, is die naam ter ere van koningin Charlotte van Mecklenburg-Strelitz, die eggenote van koning George III, gewysig tot Charlottetown. Die stad, wat nog steeds met talle statige Victoriaanse huise pronk, het 'n belangrike rol in die Kanadese geskiedenis gespeel: In die huidige Province House, 'n sandsteengebou wat in 1847 opgerig is en vandag as setel van die provinsiale parlement dien, het in 1864 die sogenaamde "Vaders van die Konfederasie van Brits-Noord-Amerika" tydens die Charlottetown-konferensie vergader. |
20193 | 'n Kibboets (Hebreeus:קיבוץ, "samesyn" of "byeenkoms") is 'n Israeliese kollektiewe opsetlike gemeenskap. Kibboetse het self 'n rol gespeel in die skepping van Israel en word vandag steeds belangrik geag deur Israeli's. 'n Kibboets kombineer sosialisme en sionisme in soort praktiese Arbeiders-Zionisme en is 'n unieke Israeliese eksperiment, asook een van die grootste gemeenskaplike bewegings in die geskiedenis. Die kibboetse was oorspronklik gestig in 'n tyd toe afhanklike boerdery nie 'n praktiese idee was nie. Die lede van die kibboetse was dus genoodsaak om 'n gemeenskaplike lewe begin. Geïnspireer deur hulle eie Joodse/sosialistiese ideologie, het die lede 'n puur gemeenskaplike manier van woon en lewe gestig wat belangstelling van dwarsoor die wêreld aangetrek het. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
290731 | Die Ludlowsloot is 'n spruit wat in die Oos-Kaap in Suid-Afrika vloei. Dit is deel van die opvanggebied van die Groot-Visrivier. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
369970 | Die Droewigrivier is 'n rivier wat naby Kokstad in die suide van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika vloei. Dit is 'n sytak van die Mzintlavarivier. 30°33′48″S 29°22′30″O / 30.5632°S 29.3749°O / -30.5632; 29.3749 Kaart van die Droewigrivier se monding by Geonames.org (cc-by) Hierdie KwaZulu-Natal-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
372479 | Die Brorwenirivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaapprovinsie, in die sentrale deel van Suid-Afrika, vloei. Dit is ongeveer 150 km noordwes van Mthatha, die hoofstad van die voormalige Transkei, geleë. Dit is 'n regtersytak van die Tinarivier in die gebied van die Hlubi-Xhosastam. Google-kaart van die Brorwenirivier se monding by Geonames.org (cc-by) Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
369193 | Die Kaalspruit is 'n spruit wat in die provinsie Mpumalanga in Suid-Afrika vloei. Dit sluit aan by die Vaalrivier voor dit deur die Grootdraaidam opgedam word, noordoos van Standerton. 27°09′15″S 29°34′17″O / 27.15414°S 29.57135°O / -27.15414; 29.57135 wes van Perdekop. 26°54′39″S 29°29′49″O / 26.91092°S 29.49695°O / -26.91092; 29.49695 net duskant Grootdraaidam. Google-kaart van die Kaalspruit by Geonames.org (cc-by) Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron. Hierdie Mpumalanga-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
372866 | Die Brakkloofspruit is 'n rivier wat net noord van Whittlesea in die Oos-Kaap van Suid-Afrika vloei. Dit is 'n sytak van die Swart-Keirivier, en in die opvanggebied van die Groot-Keirivier. Hierdie Oos-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei. |
29700 | Temperatuur is 'n fisiese eienskap van 'n fisiese stelsel wat onderliggend is aan die algemene begrip van warmte en koue; iets wat warmer is het gewoonlik 'n hoër temperatuur. Temperatuur is een van die belangrikste groothede in die studie van termodinamika. Op 'n mikroskopiese vlak kan temperatuur gedefinieer word as die gemiddelde energie van die mikroskopiese bewegings van 'n enkele partikel in 'n stelsel vir elke vryheidsgraad. Op die makroskopiese skaal is temperatuur die unieke fisiese eienskap wat die rigting van warmtevloei tussen twee liggame in termiese verbinding met mekaar bepaal. As geen warmtevloei plaasvind nie, het die twee voorwerpe dieselfde temperatuur; andersins sal warmte vloei vanaf die warmer voorwerp na die kouer voorwerp. Hierdie twee basiese beginsels staan bekend as die nulde wet van termodinamika en die tweede wet van termodinamika onderskeidelik. Die drie mees algemene temperatuurskale wat tans in gebruik is: Kelvin-skaal Celsius-skaal Fahrenheit-skaal Die kelvin-skaal word gedefinieer met 0K as absolute nul. Dit is ook die temperatuur waar geen meer energie uit die stelsel geneem kan word nie. |
226572 | Kenneth Ronald "Ken" Berry (1933 - 2018) was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Berry is Kenneth Ronald Berry op 3 November 1933 in Moline, Illinois in die Verenigde State van Amerika gebore. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ken Berry. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
19958 | Mordechai Anielewicz (1919 – 8 Mei 1943) was die bevelvoerder van die Żydowska Organizacja Bojowa ("Joodse Gevegsorganisasie"), ook bekend as die ŻOB, tydens die Warskou Ghetto Opstand. Hy is as deel van 'n arm gesin gebore in Wyszków naby Warskou en het die leier van die Sionistiese jeugbeweging, "Hashomer Hatzair" geword na hy sy hoërskoolstudies voltooi het. Op 7 September, 1939, 'n week na die inval van Pole deur Nazi-Duitsland, het Anielewicz met die lede van sy groep uit Warskou ontsnap na die oostelike streke met die hoop dat die Poolse leër die Duitsers sou kon teenhou. Na die Rooi Leër die Oos-Pole beset het, het Anielewicz probeer om die Roemeense grens oor te steek na die destydse Britse Mandaat Palestina (vandag Israel, Jordanië en sommige Palestynbeheerde gebiede). Hy is egter gevange geneem en in 'n Sowjetse tronk gegooi. Hy is kort daarna vrygelaat en na die Warskou Ghetto teruggeneem. Daar verneem Anielewicz dat ander Joodse vlugtelinge, jeugbeweginglede en politieke groepe vlug na Vilnius, Litaue, wat toe onder Sowjetse beheer was. |
6085 | 'n Alfabet is 'n volledige gestandaardiseerde stel karakters wat bestaan uit letters en gebruik word om iets in 'n gekose taal neer te skryf. Geskrewe taal bestaan uit sinne, sinne bestaan uit woorde en woorde bestaan uit een of meer letters van die alfabet. Elke letter verteenwoordig rofweg 'n klank in die gesproke taal. 'n Alfabet is verskillend van ander vorme van skryfstelsels soos ideogramme, waarin elke simbool 'n volledige konsep verteenwoordig. Die woord alfabet is afgelei van 'n kombinasie van die woorde alfa en beta, die eerste twee simbole in die Griekse alfabet. Daar word ook soms verwys na die gewone alfabet as die ABC (uitgespreek aa-bee-see). Die woord alfabet word ook soms gebruik om te verwys na die basiese elemente of dele van 'n stelsel, bv. die DNA-alfabet. Hoofartikel: Geskiedenis van die alfabet Tekens wat voorwerpe voorgestel het, eerder as klanke, dateer uit voor 10 000 v.C., uit die Madaleniese periode. Die Egiptiese hiërogliewe was die voorloper tot die Fenisiese alfabet. Die Egiptiese hiërogliewe het simboliese en verborge betekenisse gehad en het ook klanke voorgestel. |
100300 | Gasherbrum II (Oerdoe: گاشر برم -2; Vereenvoudigde Chinees: 加舒尔布鲁木II峰; Tradisionele Chinees: 加舒爾布魯木II峰; pinyin: Jiāshūěrbùlǔmù II Fēng; letterlik "mooi berg"), ook bekend as K4, is 'n berg in die Karakoram wat op die grens tussen Pakistan en Xinjiang (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 035 meter is dit die dertiende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I en Broad Peak. (en) "Gasherbrum II, China/Pakistan". Peakbagger.com. Besoek op 31 Mei 2015. "Trekking Routes – Highest peaks" (in Engels). cknp.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 31 Mei 2015. "Gasherbrum II" (in Engels). Peakware.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 31 Mei 2015. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gasherbrum II. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
102688 | Hluvukani is 'n dorp in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit in die noordooste van die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê suid van die R531-streekroete en wes van die Manyeleti-wildtuin. Dit het 'n bevolking van 9 631 in 2011 gehad. Die Hluvukane dierekliniek, 'n satelliet van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde, word by die dorp bedryf. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Hluvukani". Sensus 2011. (en) "Hluvukani Animal Clinic > University of Pretoria". Web.up.ac.za. 28 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2014. Besoek op 17 April 2014. |
104056 | Kameeldrift is 'n voorstad en kleinhoewes van Pretoria. Dit is 20 km noordoos van Pretoria se middestad geleë. Die klein gemeenskap se aktiwiteite wentel om die plaaslike skooltjie, genaamd Kameeldrift Laerskool. "Hoofplek Kameeldrift". Sensus 2011. Gereformeerde kerk Kameeldrift Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei. |
106150 | 'n Nitriet is 'n sout wat die komplekse anioon NO2- bevat of 'n ester wat die -ONO groep bevat. Die anioon is die suurres van nitroësuur. Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is +3 (III). Die anioon het basiese eienskappe. Nitriet kan geproduseer word deur eers ammoniak katalities te oksideer tot 'n mengsel van stikstofmonoksied NO en stikstofdioksied NO2 en hierdie gas in 'n oplossing van natriumkarbonaat te lei. Nitriet word toegevoeg aan vleis om te verhinder dat dit bederf en dat die bakterie Clostridium botulinum botulisme veroorsaak. Ongelukkig kan nitriet ook reageer met vrye aminosure en amines in die vleis en N-nitrosamine vorm. Hierdie spesie kan kanker veroorsaak. Lys van anione Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570 aqion. "US patent 2032699 A j.w. Ahyes et al. 1936" (in Engels). Ronald B. Pegg, Fereidoon Shahidi Nitrite Curing of Meat, 2000, 0-917678-50-8 |
254802 | Henry Herbert (1879 – 20 Februarie 1947) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente La Tosca (1918), The Little Minister (1922), Captain Blood (1924), en The Clean-Up Man (1928). 1915: A Soldier's Oath 1916: Fighting Blood 1916: Fires of Conscience 1917: The Black Wolf 1917: The Hidden Children 1917: The Silent Partner 1918: La Tosca 1918: The Ghosts of Yesterday 1919: Lost Money 1919: Rose of the West 1919: When Fate Decides 1920: Black Shadows 1920: The Cyclone 1920: Her Elephant Man 1920: The Joyous Trouble-Makers 1920: The Orphan 1920: Sunset Sprague 1920: The Twins of Suffering Creek 1921: Black Roses 1921: Suspicious Wives 1921: No Defense 1922: The Little Minister 1922: Fortune's Mask 1922: The Silent Vow 1922: When Danger Smiles 1924: Captain Blood 1924: Stolen Secrets 1925: The Range Terror 1926: The Blue Streak 1926: Desert Greed 1927: Cross Breed 1927: One Chance in a Million 1927: Sumuru 1927: Whispering Smith Rides 1928: The Clean-Up Man 1928: Laddie Be Good 1928: The Tiger's Shadow 1928: Fangs of Fate Henry Herbert in die Internet-rolprentdatabasis |
268866 | Robert Michaelis (22 Desember 1878 – 29 Augustus 1965) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rol in die rolprent The Little Welsh Girl (1920). 1920: The Little Welsh Girl Robert Michaelis in die Internet-rolprentdatabasis |
270828 | Sir Harold Malcolm Watts Sargent (29 April 1895–3 Oktober 1967) was 'n Engelse dirigent, orrelis en komponis wat algemeen beskou word as Brittanje se voorste dirigent van koorwerke. Die musikale ensembles waarmee hy geassosieer is, was die Ballets Russes, die Huddersfield Choral Society, die Royal Choral Society, die D'Oyly Carte Opera Company, die Londen Filharmoniese Orkes, die Hallé Orkes, Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes, BBC Simfonieorkes en die Koninklike Filharmoniese Orkes. Sargent was hoog geag deur kore en instrumentale soliste, maar vanweë sy hoë standaarde en 'n verklaring wat hy in 'n onderhoud in 1936 gemaak het wat musikante se aanbly-regte betwis het, was sy verhouding met orkesspelers dikwels ongemaklik. Desondanks was hy medestigter van die Londen Filharmoniese Orkes, en was hy die eerste dirigent van die Liverpool Filharmoniese Orkes as 'n voltydse ensemble, en het hy 'n belangrike rol gespeel in die behoud van die Koninklike Filharmoniese Orkes in die 1960's. As hoofdirigent van die Londense, internasionaal beroemde somermusiekfees, die Proms van 1948 tot 1967, was Sargent een van die bekendste Engelse dirigente. |
302316 | Valledupar Dit is 'n Colombiaanse munisipaliteit, hoofstad van die departement Cesar. Dit is die hoof van die homonieme gemeente, wat 'n uitbreiding van 4493 km², 493 342 inwoners het, en saam met sy metropolitaanse gebied 677 941 versamel. https://www.dane.gov.co/files/varios/informacion-capital-DANE-2019.pdf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
305760 | Rodney Seale is 'n Suid-Afrikaanse evangelis, motiveringspreker en skrywer. Vanaf die vroeë jare tagtig tree hy op as Afrikaanstalige spreker en afrigter by skole, universiteite, organisasies, jeugkampe en gesinskampe. Hy praat ook op die radio en televisie en produseer video- en oudiomateriale. In die tagtiger jare het hy in Suid-Afrika 'n bekende naam geword deur sy stryd teen wat hy sien as die gevare van rockmusiek en teen satanisme. Seale stam uit 'n Engelstalige gesin van Rhodesië. Toe hy jonk was, het hy Suid-Afrika toe verhuis en matrikuleer hy in 'n Afrikaanstalige laerskool. Hy is getroud en het twee dogters en twee kleinkinders. Seale is in Suid-Afrika bekend vir sy praatjies met skoolkinders en opvoedkundiges oor die gevare, soos hy dit sien, van rockmusiek. Hierdie musiek maak glo die deur oop na 'n reeks sosiale probleme vanuit 'n konserwatief christelike perspektief, soos kommunisme, misbruik van alkohol en dwelms, homoseksualiteit, promiskuïteit, pornografie, oosterse godsdienste, rebellie, satanisme en liberale politieke opvattinge. Ook op musikante in ander populêre genres as rock het hy kritiek gelewer. |
368556 | HD 108236 is a G-tipe hoofreeksster sowat 210 ligjare van die Son af. Sy oppervlaktemperatuur is 5 660±61 K. HD 108236 het min metale in vergelyking met die Son, met ’n metaalinhoud van -0,28±0,04 (52% van die Son s'n), en is moontlik ouer as die Son: 6,7+4,0−5,1 miljard jaar. Volgens WISE-sendingdata is verwag die ster sou deur ’n puinskyf omring wees, maar met ’n herontleding van die data is dié hipotese in 2014 weerlê. Die rede vir die valse inligting was besoedeling deur ’n nabygeleë infrarooibron. In 2020 is vier planete om HD 108236 deur die oorgangsmetode ontdek en nog een in 2021. HD 108236 by Simbad, Besoek op 1 Februarie 2021 Bonfanti, A.; Delrez, L.; Hooton, M. J.; Wilson, T. G.; Fossati, L.; Alibert, Y.; Hoyer, S.; Mustill, A. J. et al. (2021). "CHEOPS observations of the HD 108236 planetary system: A fifth planet, improved ephemerides, and planetary radii". |
2981 | Die jaar 855 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 55ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. April – Teenpous Anastasius III word pous. 29 September – Pous Benedictus III volg Pous Leo IV op. Lotarius abdikeer en verdeel sy ryk onder sy drie seuns. Lodewyk II word as enigste keiser erken, maar regeer net Italië. Die Frankiese Ryk het in vyf dele uitmekaar geval. 2 Maart – In Prüm: Lotarius I. 17 Julie – Pous Leo IV, die 103de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±790). |
4685 | Halifax is 'n dorp in Engeland, West Yorkshire, aan die oos-flanke van die Pennines-gebergte. Halifax, Nova Scotia is 'n stad in Nova Scotia, Kanada. Halifax County, Noord-Carolina is in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina. Halifax County, Virginië is in die Amerikaanse deelstaat Virginië. Die Handley Page Halifax was 'n Britse viermotorige bomwerper. |
13889 | Toulon (Oksitaans: Tolon, Italiaans: Tolone) is die prefektuur (hoofstad) van die Franse département Var met 'n oppervlak van 42,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 169 634 in 2016. Die metropolitaanse gebied (Frans: aire urbaine) van Toulon het 'n bevolking van meer as 'n halfmiljoen. Die stad aan die oostelike ent van die Golf van Lion lê halfpad tussen Marseille in die weste en Saint-Tropez in die ooste. Dit is Frankryk se belangrikste vlootbasis langs die Middellandse See. Toulon lê aan die Côte d'Azur of Franse Riviera, sowat 70 kilometer oos van Marseille. Die stad word in die noorde begrens deur die berg Mont Faron met 'n hoogte van 584 meter, in die weste deur die dorpe Revest en La Seyne-sur-Mer en in die ooste deur die dorpe La Garde en La Vallette-du-Var. Die inham van Toulon, wat deur die kaap en skiereiland van Saint-Mandrier-sur-Mer van die Middellandse See geskei word, word as een van die mooiste in Europa beskou. Hier lê die hawens van Saint-Mandrier-sur-Mer en La Seyne-sur-Mer, asook die handelshawe en vlootbasis van Toulon. |
19751 | Uusimaa [ˈuːsimɑː] (Sweeds Nyland [ˈnyːland]) is een van Finland se twintig administratiewe landskappe. Uusimaa maak tans deel uit van die provinsie Suid-Finland; die vroeëre provinsie Uusimaa met die landskappe Uusimaa en Oos-Uusimaa en die westelike gedeelte van die landskap Kymenlaakso is as gevolg van die administratiewe hervormings van die jaar 1997 ontbind. Uusimaa lê aan die Finse Golf (Suid-Finland) en word deur die landskappe Varsinais-Suomi in die weste, Kanta-Häme en Päijät-Häme in die noorde en Oos-Uusimaa in die ooste begrens. Die Finse hoofstad Helsinki lê in Uusimaa en bevorder 'n binnelandse migrasie vanuit minder ontwikkelde gebiede. Met 'n bevolking van 1,6 miljoen (sowat 'n kwart van Finland se totale bevolking) en 'n bevolkingsdigtheid van 251 inwoners per vierkante kilometer (teenoor 'n nasionale gemiddelde van 15,5) is Uusimaa die mees digbevolkte landskap in Finland. Die kusgebiede van Uusimaa is een van die tradisionele tuislande van Finland se Sweedssprekende bevolking, alhoewel hulle persentasie van die totale bevolking weens die sterk binnelandse migrasie van Finssprekendes tans nog slegs 7,6 beloop. |