id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
46535
Die Ottomaanse tussenregering (Turks: Fetret Devri) was van 1402 af aan die bewind toe ’n chaos in die Ottomaanse Ryk geheers het ná die nederlaag en gevangeneming van sultan Bajezid I deur die krygsheer Timoer. Hoewel Timoer Bajezid se seun Mehmet Çelebi as sultan bevestig het, het Mehmet se broers geweier om sy gesag te aanvaar. Die resultaat was ’n burgeroorlog. Die tussenregering het tot in 1413 geduur, toe Mehmet Çelebi as oorwinnaar uit die stryd getree en homself as sultan gekroon het as Mehmet I. Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia Fine, John van Antwerp, The Late Medieval Balkans, (University of Michigan Press, 1994), 499. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
50465
Neder-Oostenryk (Duits: Niederösterreich) is die grootste van Oostenryk se nege deelstate. Sankt Pölten is die hoofstad en met sowat 52 000 inwoners die grootste stedelike nedersetting van Neder-Oostenryk. Dikwels word na Neder-Oostenryk, wat die Weense hoofstadgebied omsluit, as die kernland van Oostenryk verwys. Die Vooralpegebied is in die antieke tydperk deur Keltiese stamme – veral Boïers – bewoon en geleidelik deur die Romeinse Ryk verower. Hier het die belangrikste nedersettings van Austria Latina ontstaan – Vindobona (die huidige Wene) en Carnuntum. Rome se gesag en invloed het in die tyd van die Groot Volksverhuising vanaf die 5de eeu begin kwyn. Dit is volledig verdring deur verskeie golwe van nuwe setlaars soos Aware, Slawiërs en Bajuware. In 788 het Karel die Grote die voorheen onafhanklike gebied in sy Frankiese Ryk ingelyf. Oos daarvan het hy omstreeks 800 die sogenaamde Awaremark en suid daarvan die Mark Karantanië gevestig waaruit later die huidige Karintië sou voortspruit. Die Oos-Frankiese Ryk is in die 10de eeu in 'n lang stryd teen die Hongare gewikkel wat vanuit die ooste na Sentraal-Europa gemigreer het. In die Slag op die Lechveld is hulle in 955 deur Otto die Grote verslaan.
54737
Die Kompasberg is in die Sneeuberge in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die piek is 2 502 m hoog, die hoogste punt in die Groot-Karoo. Die naam is in 1778 deur kolonel Jacob Gordon en goewerneur Joachim van Plettenberg gegee, wat die berg besoek het, aangesien die meeste van die aangrensende landskap van hierdie punt af opgemeet kon word. Die bergpiek is net noord van Nieu-Bethesda. Die Sondagsrivier ontspring naby die Kompasberg. Lys van Bergpieke in Suid-Afrika Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4 Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
107621
Brendan Peyper (gebore 7 Augustus 1996 in Bloemfontein) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en akteur. Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, Hy loop oop, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, Dis nie sonde nie, vrygestel. Peyper matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en studeer daarna klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat, maar staak sy studies om sy sangloopbaan te bevorder. Peyper se debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie, is op 9 Oktober 2015 vrygestel. Die treffers vanaf hierdie album sluit in: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie", "Die perfekte een vir my" en "Tafelberg vir twee". Die musiekvideo vir "Stop, wag, bly nog 'n bietjie" ontvang 2 miljoen kyke op YouTube. Brendan Peyper se derde ateljeelbum, Dis nie sonde nie, verskyn in Oktober 2018. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, "Jy laat dit maklik lyk", word onmiddellik die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes en betree Maroela Media se Top-20 op 15 Oktober 2018 in die 20ste posisie.
118517
Thomas Frederik Dreyer (plaas Bruintjieshoogte, indertydse distrik Graaff-Reinet, Kaapkolonie, 18 November 1815 – plaas Rietfontein 927, wyk Elandsrivier, distrik Rustenburg [nou Swartruggens], Transvaal, 5 Julie 1889) was ’n baanbreker in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy word, saam met oudl. P.J.W. Schutte, beskou as "een van die waaragtig grotes uit die dae van die Afskeiding" van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Ds. J.V. Coetzee beskryf hom as "’n man uit een stuk, ’n vors in Israel". Hy was ’n welbekende figuur in die Rustenburgse en omliggende distrikte, kommandant-generaal van die Transvaalse kommando's in die Vrystaat se oorlog teen die Basoeto's en lid van die Transvaalse Volksraad van 1861 tot 1866. Hy het in kerklike en politieke aangeleenthede in noue samewerking verkeer met sy mede-Gereformeerdes Paul Kruger en Schutte. Dreyer, die oudste seun van Thomas Andries Dreyer en Maria Elisabeth Prinsloo, se grootvader aan vaderskant, na wie hy genoem is, het uit Duitsland na Suid-Afrika geëmigreer en was die stamvader van die familie.
114425
Jannie Coetzee (1920 - 1989) was ’n Afrikaanse digter. Jannie (J.C.) Coetzee is op 13 April 1920 op Burgersdorp gebore. Hy doseer aan die Departement van Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die vyftigerjare vertoef hy lank in Europa, waar hy onder andere in Frankryk noue kontak het met Jan Rabie en getuie is by die huweliksvoltrekking van Rabie en Marjorie Wallace in Januarie 1955 in Parys. In 1979 voltooi hy dan ook sy M.A.-graad aan die Universiteit van Natal met ’n verhandeling oor Rabie se werk. Hy reis geweldig baie deur alle wêrelddele en behalwe die Europese lande besoek hy onder andere ook Bulgarye, Indië, die Slawiese lande, Iran, Turkye en Griekeland. Om geld in te samel doen hy allerhande los werkies en gee onder andere in Engels skool op ’n klein dorpie in die Franse platteland. Later gee hy beurtelings in Suid-Afrika en Brittanje onderwys vir sowat ses maande en reis dan spaarsamig vir die oorblywende ses maande van die jaar. Tydens die reise het hy vele ervarings en bring onder andere in ’n aantal lande tyd in die tronk deur.
141787
Lophocalyx reiswigi is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die glassponse (Hexactinellida). Die spons lewe in die diepsee. Die skelet van die spons bestaan uit spikula van kiesel. Die spons behoort tot die genus Lophocalyx en tot die familie Rossellidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2007 deur Menshenina, Tabachnick, Lopes & Hajdu. Van Soest, R. (2011). Lophocalyx reiswigi Menshenina, Tabachnick, Lopes & Hajdu, 2007. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=255097. Hierdie artikel is ’n saadjie.
213541
Jansen Panettiere (gebore 25 September 1994) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent The Perfect Game (2009) en in die televisiereeks Major Crimes (2012). 2008: The Secrets of Jonathan Sperry 2009: The Perfect Game 2015: The Martial Arts Kid Justice Angel Horse 2005: The X's 2012: Major Crimes 2007: The Last Day of Summer 2005: Holly Hobbie and Friends: Surprise Party 2006: Holly Hobbie and Friends: Christmas Wishes 2007: Holly Hobbie and Friends: Secret Adventures 2007: Holly Hobbie and Friends: Best Friends Forever 2010: Behind the Secrets of Jonathan Sperry Jansen Panettiere in die Internet-rolprentdatabasis Jansen Panettiere op Twitter
20541
Sir David Pieter de Villiers Graaff (8 Desember 1913 - 4 Oktober 1999), of sir De Villiers Graaff soos hy algemeen bekend gestaan het, was van 1956 tot 1977 leier van die Verenigde Party en dus leier van die Amptelike Opposisie in die Volksraad, en 'n kort rukkie lank die tussentydse leier van die Nuwe Republiek Party. Graaff is op 8 Desember 1913 gebore as seun van sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister. Hy het die titel by sy pa geërf in 1931 en was 'n Rhodes-beurshouer. Sy grootvader aan moederskant was die predikant dr. Johannes van Heerden. Van 1924 tot 1927 woon hy die privaat seunskool Western Province Prepatory School (toe nog in Kenilworth, Kaapstad) by waar hy 'n uitstaande leerder en sportman was en hoofseun in sy laaste jaar aan dié skool. Graaff sluit met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog by die Geallieerde Magte aan en verwerf die rang van kaptein. In 1942 is hy by Tobroek gevange geneem en tot 1945 in Italiaanse en Duitse krygsgevangenekampe aangehou.
51003
Jan Ernst Abraham Volschenk (gebore Riversdal-distrik, 20 Augustus 1853 – oorlede Riversdal, 22 Januarie 1936) was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns gewy het. Die onderwerpe van sy skilderye kom byna almal uit die Riversdal-omgewing in die tydperk vanaf 1870. Volschenk is op die plaas Melkhoutkraal gebore. As jong seun was hy reeds vroeg by die boerdery as skaapwagter betrokke. Plaasskole het daardie jare daar nog nie bestaan nie en sy onderrig het bestaan uit Bybelonderrig en basiese lees-, skryf- en rekenvaardigheid. Met sy tekeninge in die sand en op klippe van die omringende berge en die plaaslike plante openbaar hy 'n besondere tekenaanleg. Dit herinner aan Giotto, wat in die 13de eeu in Italië ook tekeninge op klippe en op die grond gemaak het. Dit het veral die aandag getrek van landmeter James Reitz op sy besoek aan die plaas. Met die gevolg dat Volschenk op 13-jarige ouderdom ingeskryf word as leerling aan die pasgestigte Hoër Seunskool op Riversdal. Na sy skoolloopbaan tree Volschenk as boekhouer in diens van prokureur Gysbert Reitz, broer van die landmeter, by die firma Reitz en Versfeld op Riversdal.
57999
Masjonaland-Oos is 'n provinsie in noordoostelike Zimbabwe met sowat 1,1 miljoen inwoners (2002). Die hoofstad is Marondera (voorheen bekend as Marandellas). Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
60009
Die Koetsier (Heniochus acuminatus) is 'n vlindervis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. Die onvolwasse vissies kom voor tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Coachman. Die vis word tot 25 cm lank en kom in koraal- en rots riwwe voor, in water van 2 – 75 m diep. Die liggaam is wit met twee breë, vertikale swart bande oor die liggaam. Die dorsale vin is verleng om 'n lang, wit banier te vorm wat verby die stertvin gaan en die vis kan in akwariums oorleef. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6 http://fishbase.org/summary/Heniochus-acuminatus.html Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
60999
Die Spierinkies (Atherinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Atheriniformes. Daar is vyf en twintig genera met 165 spesies wat hoort tot dié familie en vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die familie se lywe is lank en silindries met twee dorsale vinne. Die familie se grootte wissel tussen 5 – 14 cm. Hulle is skoolvisse wat in vlak kuswater voorkom in riviermondings en vreet hoofsaaklik soöplankton. Party spesies leef in varswater. Die familie word hoofsaaklik as aas gebruik. Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor: Atherina Atherina breviceps - Kaapse spierinkie Atherinomorus Atherinomorus lacunosus - Klipkop-spierinkie Atherion Atherion africanum - Stekelneus-spierinkie Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
63639
Carl Otto Hager (Dresden, 16 Oktober 1813 – Stellenbosch, 7 Oktober 1898) was 'n Duitse argitek, portretskilder en baanbrekerfotograaf wat veral bekend geraak het in Suid-Afrika vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Hy was een van die grootste eksponente van die Neogotiese boustyl in Suid-Afrika, maar talle van die kerke wat hy ontwerp het, is intussen gesloop, onder meer dié op Carnarvon, Fraserburg, Willowmore (dit is onseker of hy dit wel ontwerp het), Caledon, Ceres en Heidelberg, Kaap. Van die mooistes wat behoue gebly het, is dié op Stellenbosch, Piketberg, Ladismith, Somerset-Oos en Pearston. Hy het ook kerke in die Vrystaat ontwerp, maar die name daarvan het vergete geraak. Ander noemenswaardige geboue waarvoor hy verantwoordelik was, is die Kweekskool (intussen ingrypend verander) en die neoklassieke Ou Hoofgebou van die universiteit op Stellenbosch. Hager was die seun van Johann Carl Gotthelf Hager (Dresden, 1764 – 15 Julie 1816), regskonsultant en belastingamptenaar van die Saksiese regering, en sy tweede vrou, Johanna Rosina Galwitz (Rusland, 1792 – Stellenbosch, 7 Februarie 1854), 'n Russiese dame uit die adelstand.
76101
Etruria is 'n voorstad van Stoke-on-Trent in Staffordshire, Engeland. Etruria was die vierde en voorlaaste setel wat vir die Wedgwood-pottebakkery en -porseleinfabriek gekies is. Josiah Wedgwood, wat sy sake vooraf vanuit Burslem bedryf het, het sy nuwe aanleg in 1769 geopen. Dit is na die Italiaanse distrik Etrurië vernoem, die stamland van die Etruskers wat vir hulle kunsvolle ambagsprodukte bekend staan. Die werksterrein naby die Trent-en-Merseykanaal het 140 hektaar beslaan. Naas Wedgwood se huis, Etruria Hall, was ook die Etruria Works op die terrein geleë. Die fabriek is tot en met 1950 deur Wedgwood bedryf. WEdgwood se huidige aanleg is in Barlaston geleë, 'n dorp sowat ses myl ten suide van die vroeëre terrein. Thomas Wedgwood (1771-1805) het sy baanbrekerswerk op die gebied van fotografie in die 1790's in Etruria Hall gedoen.
111573
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Mantsjoe. Die Mantsjoes (Mantsjoe: ; Möllendorff: manju; Abkai: manju; Vereenvoudigde Chinees: 满族; Tradisionele Chinees: 滿族; pinyin: Mǎnzú; Wade–Giles: Man³-tsu²) behoort tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") in die Volksrepubliek China. Hul tuiste is die Mantsjoerye in Noordoos-China, wat na dié etniese groep genoem is. Tydens die Qing-dinastie (1644–1912), ook bekend as Mantsjoe-dinastie, China se laaste heersende keiserlike dinastie, het die Mantsjoes oor China, Mongolië en aangrensende gebiede geheers. Die Mantsjoes is die grootste groep van die Toengoesiese volke, maar hul taal, Mantsjoe, is byna uitgestorwe. Mantsjoes praat as moedertaal oorwegend Mandaryns met plaaslike dialekte. Mantsjoes is naas Han-Chinese, Zhuang en Hui-Chinese die vierde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Hulle is ook die grootste erkende etniese minderheid sonder 'n eie outonome gewes. Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 410 585 Mantsjoes, veral in Noordoos-China, die Mantsjoerye.
117273
Gert Andries Jacobus Alberts (Swellendam, Kaapkolonie, 3 Januarie 1836 – Humpata, Portugees-Wes-Afrika, 29 Maart 1927), was leier van die eerste groep Dorslandtrekkers. Omstreeks 1858 moes Alberts hom in die distrik Cradock bevind het, want minstens een van sy kinders is daar gebore. Hy het sy plaas in die wyk van Pretoria op 20 Mei 1874 verlaat, vergesel van Rudolph en Jan Holtshausen, om oor Rustenburg, Bierkraal en Witfontein tydsaam noordwaarts te trek. Ds. L.J. du Plessis, Gereformeerde leraar van Rustenburg van 1872 tot 1880, het op 14 April 1875 (of kort tevore) ’n afskeidsdiens vir die trekkers gehou voor hulle Transvaal verlaat het, maar dis nie bekend of Alberts ook onder dié was wat dié diens meegemaak het nie. Ten tyde van die trek was hy 'n afgetrede diaken van Pretoria. Op 12 April; dus twee dae voor hulle finaal die uittog uit Transvaal sou aandurf, het Alberts, R.F. Holsthuizen, oudouderling van die gemeente Pretoria, en J.A. Kruger, afgetrede Pretoriase diaken, en verder die ander trekkers wat nie persoonlik onderteken het nie, die volgende in 'n brief aan die Sinode van die Gereformeerde Kerk geskryf: “Seer veel geagte en eerw.
122277
Jean-François Lyotard (Frans: [ʒɑ̃ fʁɑ̃swa ljɔtaʁ]; Versailles, 10 Augustus 1924 – Parys, 21 April 1998) was 'n Franse sosioloog, literêre teoretikus en postmoderne filosoof. Sy interdissiplinêre diskoers sluit in sulke uiteenlopende onderwerpe soos epistemologie en kommunikasie, die menslike liggaam, moderne kuns en postmoderne kuns, literatuur en kitiese teorie, musiek, film, tyd en onthou, ruimte, die stad en platteland, die grootsheid en die verhouding tussen estetika en politiek. Hy is veral bekend vir sy artikulasie van die postmodernisme in die laat 1970s en die analise van die impak van die postmoderniteit op die menslike situasie. Hy was die mede-stigter van die International College of Philosophy met Jacques Derrida, François Châtelet en Gilles Deleuze. Lyotard studeer filosofie aan die Sorbonne in die laat 1940s. In 1947 behaal hy 'n DES graad (diplôme d'études supérieures (fr), dieselfde as 'n MA-graad), met as tema "ongeregtigheid as 'n etiese konsep (L'indifférence comme notion éthique). Hierin analiseer hy die voorkoms van ongeregtigheid en afgetrokkenheid in Zen Boeddhisme, Stoïsisme, Taoïsme, en Epikurisme.
142103
Clathrina adusta is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die kalksponse (Calcarea). Die spons leef in die see en sy steenselle bestaan uit kalsiumkarbonaat. Die spons behoort tot die genus Clathrina en tot die familie Clathrinidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1999 deur Wörheide & Hooper. Van Soest, R. (2011). Clathrina adusta Wörheide & Hooper, 1999. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=164645. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
142589
Leucilla minuta is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die kalksponse (Calcarea). Die spons leef in die see en sy steenselle bestaan uit kalsiumkarbonaat. Die spons behoort tot die genus Leucilla en tot die familie Amphoriscidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1941 deur Tanita. Van Soest, R. (2011). Leucilla minuta Tanita, 1941. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=164218. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
217487
Isabella Acres (gebore 21 Februarie 2001) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Hello, My Name Is Doris (2015) en in die televisiereekse Desperate Housewives (2004), Better Off Ted (2009), en The Spoils of Babylon (2014). 2011: The Future 2015: Hello, My Name Is Doris 2004: Desperate Housewives 2009: Better Off Ted 2014: The Spoils of Babylon 2015: The Kicks 2012: Abominable Christmas 2013: Scooby-Doo! Stage Fright Isabella Acres in die Internet-rolprentdatabasis
242369
Lisa Dergan Podsednik (gebore 10 Augustus 1970) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Arena (2001) en in die televisiereekse Silk Stalkings (1991), Frasier (1993), en Pensacola: Wings of Gold (1997). 2001: The Arena 1991: Silk Stalkings 1993: Frasier 1997: Pensacola: Wings of Gold 2001: Smush 2005: Poker Royale: Comedians vs. Pros 2006: Master of Champions 2005: Love Me... Love Me Not 1998: Playboy: Playmate Profile Video Collection Featuring Miss July 1998, 1995, 1992, 1989 Lisa Dergan Podsednik in die Internet-rolprentdatabasis
265661
Anthony Peck (20 Maart 1947 – 30 Julie 1996) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Die Hard (1988), The Hunt for Red October (1990), Last Action Hero (1993), en Die Hard with a Vengeance (1995). 1988: Die Hard 1990: The Hunt for Red October 1993: Last Action Hero 1995: Die Hard with a Vengeance 1996: Carnosaur 3: Primal Species Anthony Peck in die Internet-rolprentdatabasis
264713
Die Studiensinfonie of Simfonie in f mineur, WAB99, uit 1863 is 'n simfonie vir simfonieorkes van die Oostenrykse komponis Anton Bruckner. Met die werk sluit Bruckner sy studie in vrye komposisie af by die Linzerse dirigent Otto Kitzler (1834-1915). Die werk is die eerste meerdelige orkeswerk wat Bruckner nie vernietig het nie. Die werk is deur Bruckner beskou as 'n onvolwaardige studieobjek. Hy beskou dit - net soos sy strykkwartet - wat op skool geskryf is - as huiswerk. Die outograaf gee hy, saam met die van enkele andere orkeswerke uit 1862 (die Ouverture in g mineur en die Vier Orchesterstücke) in bewaring aan sy vriend Cyrill Hynais. Hy neem die simfonie nie op in die nommering van sy "amptelike" werke nie. Hy het ook nooit in sy leeftyd 'n opvoering daarvan gehoor nie. Die partituur is later gevind in die biblioteke van twee Oostenrykse kweekskole. Die première daarvan vind egter eers plaas in 1923 in Klosterneuburg. Tans word die simfonie af en toe gespeel. Daar bestaan ook 'n enkele opname daarvan.
274907
Op 19 Oktober 1986 het 'n Toepolef Tu-134-vliegtuig van die Mosambiekse volksrepubliek, wat president Samora Machel en 43 ander van Mbala, Zambië na die Mosambiekse hoofstad Maputo vervoer het, by Mbuzini, Suid-Afrika, neergestort. Nege passasiers en een bemanningslid het die ongeluk oorleef, maar president Machel en 33 ander is dood, waaronder ministers en amptenare van die Mosambiekse regering. 'n Ondersoekraad het die kaptein die skuld gegee dat hy nie op die waarskuwingstelsel vir grondnabyheid gereageer het nie. Ander het beweer dat die bemanning die BOR-ontvangers op die verkeerde frekwensie gestel het, wat veroorsaak het dat hulle seine van 'n ander lughawe ontvang het, of dat selfs 'n vals baken opgestel is om die vliegtuig van koers af te lok. Terwyl daar wydverspreide vermoedens bestaan dat die apartheidsregering van Suid-Afrika by die ongeluk betrokke was, het geen afdoende getuienis na vore gekom nie. Op 19 Oktober om 18:38 het die vliegtuig van Mbala vertrek vir 'n ononderbroke terugkeer na Maputo. Daar is verwag dat hulle om 21:25 sou arriveer.
302321
Caquetá is 'n departement van Colombia. Die hoofstad is Florencia. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
315767
Erich Leinsdorf (gebore Erich Landauer; 4 Februarie 1912 - 11 September 1993) was 'n Oostenryks-gebore Amerikaanse dirigent. Hy het saam met van die voorste orkeste en operageselskappe in die Verenigde State en Europa opgetree en 'n reputasie gehad vir sy presiese standaarde en sy opvlieënde humeur. Hy het ook boeke en essays oor musikale onderwerpe geskryf. Leinsdorf is gebore uit 'n Joodse gesin in Wene, en het teen 5-jarige ouderdom musiek aan 'n plaaslike skool begin studeer. Hy het tjello en komposisie studeer. In sy tienerjare het Leinsdorf as klavierbegeleier vir sangers gewerk. Hy het dirigeerstudies aan die Mozarteum in Salzburg onderneem, en later aan die Universiteit van Wene en die Weense Akademie vir Musiek. Van 1934 tot 1937 het hy gewerk as assistent van die bekende dirigente Bruno Walter en Arturo Toscanini tydens die Salzburg-fees. In November 1937 het Leinsdorf na die Verenigde State gereis ten einde 'n pos as assistent-dirigent by die Metropolitan Opera in New York City te neem, welke slegs 'n paar maande voor die Anschluss van Maart 1938, toe Oostenryk deur Nazi-Duitsland oorgeneem is, plaasgevind het.
368921
Die Bladgrond se Sandrivier is 'n spruit wat in die verre Noord-Kaap van Suid-Afrika vloei. Dit is 'n linkersytak van die Oranjerivier. 28°44′00″S 19°51′00″O / 28.7333°S 19.85°O / -28.7333; 19.85 Google-kaart van Bladgrond se Sandrivier se monding by Geonames.org (cc-by) Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron. Hierdie Noord-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
364907
Die Mudenaalwyn (Aloe mudenensis) is 'n aalwyn wat inheems is aan die KwaZulu-Natal. Daar kom dit voor in droë riviervalleie in sentraal KwaZulu-Natal se binneland, van die Boesmansriviervallei naby Estcourt tot by die Tugelarivier naby Kranskop en suidwaarts tot by Mgeniriviervallei tussen Pietermaritzburg en Wartburg. Lys van aalwynspesies SANBI Redlist
772
Die jaar 1731 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 31ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. In Monaco begin die heerskappy van die geslagslyn van Goyon de Matignon-Grimaldi. 30 April – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word aartsbiskop van Bologna. 24 September – Pous Clemens XII stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Vincenzo Bichi, titulêr aartsbiskop van Laodicea. 23 Desember – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word priester gewy. 21 Junie – Martha Washington, Eerste Dame van Amerika († 1802). 10 Oktober – Henry Cavendish, Britse wetenskaplike († 1810) Sir George Yonge, waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie († 1812). 7 Februarie – Chrysanthus Notara, patriarg van Jerusalem. 24 April – Daniel Defoe, Engelse skrywer (* 1660).
3592
Die jaar 274 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 74ste jaar van die 3de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Keiser Aurelianus rig nou sy aandag op die afgestigte Galliese Ryk. Hy trek na Gallië en tref die troepe van die Galliese keiser Tetricus naby Châlons-sur-Marne. Tetricus organiseer sy eie oorgawe en verlaat sy eie troepe wat taamlik ontrou was. Aurelianus hou 'n triomftog in Rome waarin Tetricus en sy seun (ook Tetricus) saam met Zenobia meegevoer word. Hulle word egter nie gewurg nie, maar kry vergiffenis. Tetricus word corrector in Lucania en sal nog lank lewe. 25 Desember- Keiser Aurelianus verhef die verering van Sol Invictus tot staatsgodsdiens. Hierdie dag en 'n tempel word aan hierdie songod gewy. 2 Maart – Mani, van Irannese herkoms en was die profeet en stigter van Manigeïsme (* 216) 30 Desember – Pous Felix I, die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
27220
Astrid Anna Emilia Lindgren, gebore Ericsson (14 November 1907 – 28 Januarie 2002) was 'n Sweedse kinderboekouteur, wie se tientalle werk na 85 tale vertaal en in meer as 100 lande gepubliseer is. Sy het wêreldwyd sowat 145 miljoen kopieë verkoop. Sy het ook die bekende boeke van Pippi Langkous geskryf. Astrid Lindgren het in Näs groot geword, naby Vimmerby, Småland, baie van haar boeke is gebaseer op haar familie en herinneringe uit haar kinderdae. Pippi Langkous, haar bekendste karakter, was oorspronklik deur haar siek en bed-gebonde dogter, Karien uitgevind. Die bekendste boeke deur Astrid Lindgren: Die Pippi Langkous (Pippi Longstocking) serie (Pippi Långstrump) Karlsson-op-die-dak – Karlsson-on-the-Roof serie (Karlsson på taket) Emil of Maple Hills (Emil i Lönneberga) The Bill Bergson serie (Mästerdetektiven Blomkvist) Madicken Ronia the Robber's Daughter (Ronja rövardotter) Seacrow Island (Tjorven på Saltkråkan) The Six Bullerby Children / The Children of Noisy Village (Barnen i Bullerbyn) Mio, my Mio (also known as Mio, my Son) (Mio, min Mio)
28864
Fjodor III Aleksejewitsj van Rusland (Russies: Фёдор III Алексеевич) (9 Junie 1661 - 7 Mei 1682) was van 1676 tot 1682 tsaar van Rusland. Tydens sy kort heerskappy was daar sprake van ’n groot Poolse kulturele invloed op die Kremlin. Fjodor is in Moskou gebore. Hy was die derde en oudste oorlewende seun van tsaar Aleksei en Maria Miloslafskaja. In 1676, op 15-jarige ouderdom, volg hy sy pa as tsaar op. Hy is intelligent en word onderrig deur die kerkleier Simjon van Polotsk, die mees geleerde Slawiese monnik van sy tyd. Fjodor leer benewens sy gewone vakke ook Pools en selfs Latyn, wat destyds ongewoon was vir Russiese tsare. Hy stel ook belang in wetenskap, kuns en musiek. Hy is egter erg vermink en half verlam weens ’n geheimsinnige siekte, dalk skeurbuik. Hy kan nie loop nie weens sy geswolle voete en bring die grootste deel van die dag in die bed deur. Hy is dikwels in die geselskap van die jong adellikes Jazikof en Lichatsjof, wat die Russiese hof later bekend stel aan Poolse seremonies, kleredrag en die Poolse taal.
87406
Obadja is die 31ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die vierde van die sogenaamde twaalf Klein Profete. Hierdie kort boek dateer uit 'n onbekende tydperk vermoedelik na die val van Jerusalem (586 v.C.). Edom, Juda se eeue-oue vyand, het hom verbly in die verwoesting van Jerusalem en self ook die invallers gehelp en die stad geplunder. Obadja kondig die oordeel van die Here aan oor Edom en ander vyandelike nasies, en bring die oordeel in verband met die koms van die dag van die Here. Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Obadja.
268639
Sydney Howard (7 Augustus 1884 – 12 Junie 1946) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Night of the Garter (1933), Trouble (1933), en Fame (1936). 1929: Splinters 1930: French Leave 1931: Tilly of Bloomsbury 1931: Up for the Cup 1931: Almost a Divorce 1931: Splinters in the Navy 1932: The Mayor's Nest 1933: Night of the Garter 1933: Trouble 1933: Up for the Derby 1933: It's a King 1934: It's a Cop 1934: Transatlantic Merry-Go-Round 1934: Girls Please! 1935: The Hope of His Side 1936: Fame 1936: Chick 1937: Splinters in the Air 1938: What a Man! 1939: Shipyard Sally 1940: Tilly of Bloomsbury 1941: Once a Crook 1943: When We Are Married 1945: Flight from Folly 1938: Oh! Letty Sydney Howard in die Internet-rolprentdatabasis
281989
Chlamydia, of meer spesifiek ’n Chlamydia-infeksie, is ’n seksueel oordraagbare infeksie wat deur die bakterie Chlamydia trachomatis veroorsaak word. Die meeste mense wat dit het, het geen simptome nie. Wanneer simptome wel ontwikkel, kan dit ’n paar weke ná die infeksie gebeur. Simptome in vroue kan insluit vog uit die vagina of ’n brandgevoel tydens urinering. In mans kan simptome insluit vog uit die penis, ’n brandgevoel tydens urinering of pyn in en ’n geswel van een of albei testikels. Die infeksie kan na die boonste genitale streek versprei en in vroue ’n inflammasie veroorsaak wat kan lei tot toekomstige onvrugbaarheid of buitebaarmoederlike swangerskap. Herhaalde infeksies van die oë wat nie behandel word nie, kan lei tot tragoom, ’n algemene oorsaak van blindheid in die ontwikkelende wêreld. Chlamydia kan versprei word tydens vaginale, anale of orale seks, en kan tydens geboorte deur ’n ma aan haar kind oorgedra word. Die ooginfeksies kan oorgedra word deur persoonlike kontak, vlieë en handdoeke in gebiede met swak sanitasie. Chlamydia trachomatis kom net in mense voor.
2742
Die jaar 962 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 2 Februarie – Pous Johannes XII kroon Otto I in Rome tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Eduard die Martelaar, koning van Engeland († 978)
274831
Kolitis is 'n ontsteking van die kolon. Kolitis kan akuut en selfbeperk of langdurig wees. Dit pas breedweg in die kategorie spysverteringsiekte. In 'n mediese konteks word die woord kolitis (sonder kwalifikasie) gebruik wanneer: Die oorsaak van die ontsteking in die kolon nie bepaal word nie. Byvoorbeeld Crohn se siekte kan geïdentifiseer word as Kolitis in 'n tyd wanneer die diagnose onbekend is, of Die konteks duidelik is; 'n persoon met ulseratiewe kolitis praat byvoorbeeld oor 'n siekte met 'n dokter wat die diagnose ken. Die tekens en simptome van kolitis is baie veranderlik en hang af van die oorsaak van die gegewe kolitis en faktore wat die verloop en erns daarvan verander. Algemene simptome van kolitis kan die volgende insluit: ligte tot erge buikpyn en sagtheid (afhangend van die stadium van die siekte), aanhoudende hemorragiese diarree met 'n etter teenwoordig of afwesig in die ontlasting, fekale inkontinensie, winderigheid, moegheid, verlies van eetlus en onverklaarbare gewigsverlies. Ernstiger simptome kan kortasem, 'n vinnige of onreëlmatige hartklop en koors insluit.
284341
Junichiro Koizumi (小泉 純一郎 Koizumi Jun'ichirō; gebore op 8 Januarie 1942) is 'n Japannese politikus wat van 2001 tot 2006 Eerste minister van Japan en president van die Liberale Demokratiese Party (LDP) was. Hy het in 2009 uit die politiek getree, en is steeds die sesde langsdienende Eerste minister in Japan se geskiedenis. Hy word algemeen gesien as 'n groot leier van die LDP na sy verkiesing tot die pos in 2001, en het bekend geword as 'n ekonomiese hervormer, met die klem op die vermindering van Japan se staatskuld en die privatisering van sy posdiens. In die 2005-verkiesing het Koizumi die LDP gelei om een van die grootste parlementêre meerderhede in die moderne Japanse geskiedenis te wen. Koizumi het ook internasionale aandag getrek deur sy ontplooiing van die Japannese Selfverdedigingsmag in Irak, en deur sy besoeke aan die Yasukuni-heiligdom wat die diplomatieke spanning met die naburige China en Suid-Korea aangevuur het. Koizumi het in 2006 as Eerste minister bedank.
385291
'n Iwan (Persies: ایوان, eyvān, Arabies: إيوان, iwan) is 'n reghoekige saal of ruimte, gewoonlik gewelf, met mure aan drie kante en een kant heeltemal oop. Die formele ingang tot die iwan word in Persies 'n pishtaq genoem: Dit is gewoonlik versier met kalligrafie, teëls en geometriese ontwerpe. Omdat die definisie speling toelaat, kan die vorms en eienskappe wissel wat betref grootte, materiaal of versiering. Iwans word meestal met Islamitiese argitektuur vereenselwig, hoewel dit 'n vroeë, Persiese oorsprong het. Dit was ten volle ontwikkel in Mesopotamië teen omstreeks die 3de eeu, tydens die Partiese tydperk van Persië. Baie geleerdes, onder andere Edward Keall, André Godard, Roman Ghirshman en Mary Boyce, bespreek die uitvinding van die iwan in Mesopotamië, die gebied om die hedendaagse Irak. Hoewel dit nie heeltemal seker is hoe dit ontwikkel het nie, is daar algemene konsensus dat die iwan plaaslik ontwikkel het en nie van 'n ander gebied ingevoer is nie.
7482
Die Faroëreilande (Faroëes: Føroyar; Deens: Færøerne) is ’n Wes-Europese eilandnasie en argipel. Dit is onder die soewereiniteit van die koninkryk van Denemarke en lê tussen die Noorse See en die Noord-Atlantiese Oseaan. Die totale landoppervlakte is ongeveer 1 400 km² in 'n seegebied van 2740 km², met ’n bevolking van 50 030 (in 2017) van wie ’n groot deel in die hoofstad Tórshavn bly. Sowat 90 persent van die bevolking is lede van die Evangelies-Lutherse kerk. Die plaaslike Noord-Germaanse dialekte, verwant aan Yslands, vorm saam ’n aparte taal, gestandaardiseer as Faroëes. Die Faroëreilande is sedert 1948 ’n selfregerende land binne die Deense koninkryk. Oor die loop van jare het die Faroërs beheer begin neem oor binnelandse sake. Gebiede, wat nog onder Deense verantwoordelikheid is, sluit militêre verdediging, polisie, justisie, geldeenheid en buitelandse sake in. Die Faroëreilande het ook verteenwoordigers in die Nordiese Raad as lede van die Deense afvaardiging. Die Faroëreilande is met Denemarke en Noorweë geassosieer en deur hulle belas tot 1814, toe Noorweë onder die koningskap van Swede gekom het.
296371
'n Werkdier is 'n dier, gewoonlik mak, wat deur mense aangehou en opgelei word om bepaalde take uit te voer. Werkdiere kan troeteldiere wees of as werkers opgelei word om sekere gespesialiseerde werke te doen, byvoorbeeld as gidshonde, hulphonde, karweiperde of boswerkersolifante. Die meeste werkende diere is óf diens- of karweidiere. Party kan ook as melkdiere dien, of hulle kan as herdersdiere aangewend word. Sommige, aan die einde van hul werklewe, kan ook geslag word vir hul vleis of ander produkte soos leer. Die geskiedenis van werkende diere kan ouer wees as die landbou self, met honde wat deur ons jagter-voorsate gebruik is. Regoor die wêreld werk miljoene diere in bepaalde verbintenisse met hul eienaars. Mak spesies word dikwels geteel vir verskillende gebruike en toestande, veral perde en werkende honde. Werkende diere word gewoonlik op plase geteel en grootgemaak, al word sommige steeds in die natuur gevang, soos dolfyne en sekere Asiatiese olifante. Mense het 'n wye verskeidenheid vermoëns van diere ontdek, en selfs geïndustrialiseerde samelewings gebruik baie diere vir werk. Mense gebruik die krag van perde, olifante en beeste om karre te trek te en beweeg.
2988
Die jaar 862 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Boudewyn I met die Yster Arm, graaf van Vlaandere, trou met Judith van Wes-Francië in Auxerre. Ansgard van Boergondië trou teen die sin van keiser Karel II die Kale met sy seun Lodewyk. 28 April – Sinode van Aken keur die huwelik van Lotarius II van Lotaringe met sy minnares Waldrada goed. 8 Mei – Pous Nicolaas I vra die Oosterse biskoppe in 'n brief om Patriarg Photius nie te erken nie.
1392
Die jaar 1690 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 13 Februarie – Pous Alexander VIII stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI). 10 April – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-diaken van S. Maria in Aquiro. 10 April – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word titulêr aartsbiskop van Nicomedia. 22 Mei – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-diaken van S. Adriano al Foro. 11 Junie – Pous Alexander VIII verklaar Sint Kinga (ook Cunegunde) van Pole, salig. 18 Junie – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word tot biskop gewy deur kardinaal Flavio Chigi. 4 Augustus Pous Alexander VIII veroordeel die Galliese Vryhede. 24 Augustus – Pous Alexander VIII veroordeel die leer van die filosofiese sondes. 16 Oktober – Pous Alexander VIII verklaar vyf mense heilig, waaronder Johannes van God en Giovanni van Capistrano.
241795
Marti Barris (6 April 1937 – 13 Desember 1995) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent Get Yourself a College Girl (1964) en in die televisiereekse The Howdy Doody Show (1947) en American Bandstand (1952). 1964: Get Yourself a College Girl 1947: The Howdy Doody Show 1952: American Bandstand Marti Barris in die Internet-rolprentdatabasis
251245
Kelly Brook (gebore 23 November 1979) is 'n Engelse aktrise, model en mediapersoonlikheid. Sy is bekend vir haar modelwerk in die VK, en deelname aan verskeie Britse televisiereeks, insluitend Strictly Come Dancing (2007), Britain's Got Talent (2009), Celebrity Juice (2012–2013, 2015), It's Not Me, It's You (2016), Loose Women (2018), The Great Stand Up to Cancer Bake Off (2020), en The Masked Dancer (2021). Verder was sy in die rolprente Absolon (2003), The Italian Job (2003), Deuce Bigalow: European Gigolo (2005), en Piranha 3D (2010). 2000: In Action 2003: Absolon 2003: The Italian Job 2004: School for Seduction 2005: Deuce Bigalow: European Gigolo 2005: Survival Island 2005: House of 9 2007: Fishtales 2010: Piranha 3D 2012: Keith Lemon: The Film 2015: Taking Stock 2018: Santet 1999: Patrick Kielty...
313753
Herman Auerbach (26 Oktober 1901, Ternopil – 17 Augustus 1942) was 'n Poolse wiskundige en lid van die Lwów Skool vir Wiskunde. Auerbach was 'n professor aan Lwów-universiteit. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy as gevolg van sy Joodse afkoms gevange geneem deur die Duitsers in die Lwów ghetto. Hy word in 1942 in die Bełżec uitwissingskamp vermoor. "Notes". Bulletin of the American Mathematical Society. 51 (11): 868–873. 1945. doi:10.1090/s0002-9904-1945-08465-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2011. Besoek op 9 September 2020. News on wartime fates of Polish mathematicians, pp. 868–869. Skrywersprofiel in die databasis Zentralblatt MATH Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
265939
George A. Williams (11 Augustus 1854 – 21 Februarie 1936) was 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Hazards of Helen (1914), Lucky Dan (1922), Thundering Romance (1924), en Super Speed (1925). 1914: The Hazards of Helen 1916: Langdon's Legacy 1916: The Wrong Door 1918: The Dawn of Understanding 1920: Love's Battle 1921: Black Sheep 1922: Lucky Dan 1922: Headin' West 1922: In the Days of Buffalo Bill 1922: No. 7 Brick Row 1923: Dangerous Hour 1923: The First Degree 1924: Thundering Romance 1924: The Phantom Horseman 1925: Super Speed George A. Williams in die Internet-rolprentdatabasis
250177
Anton Stepanovich Arenski (Russies: Анто́н Степа́нович Аре́нский}}; (12 Julie [O.S. 30 Junie] 1861 – 25 Februarie [O.S. 12 Februarie] 1906) was 'n Russiese komponis van Romantiese klassieke musiek, 'n pianis en 'n professor van musiek. Hy is veral bekend om sy Klaviertrio in D mineur, Op 32. Arenski was gebore in 'n gegoede gesin in Novgorod, Rusland. Hy het oor 'n musikale aanleg beskik en reeds teen die ouderdom van nege jaar 'n aantal liedere en klavierstukke gekomponeer. Hy het in 1879 saam met sy moeder en vader na Sint Petersburg getrek waar hy komposisie by die Sint Petersburg Konservatoria studeer het saam met Nikolai Rimski-Korsakof. Nadat Arenski in 1882 van die Sint Petersburg Konservatoria gegradueer het, is hy as professor by die Moskouse Konservatoria aangestel. Van sy studente daar was Aleksander N. Skriabin, Sergei Rachmaninoff en Alexander Gretchaninov. Arenski het in 1895 na Sint Petersburg as die direkteur van die Keiserlike Koor teruggekeer. Hy is deur Mili Balakiref vir die pos aanbeveel.
43398
Zeerust is 'n kommersiële dorp in die Ngaka Modiri Molema-distrik in Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is geleë in die Maricovallei, 135 kilometer wes van Rustenburg en ongeveer 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Die N4 nasionale pad, die hoofverbindingsroete tussen Suid-Afrika en Botswana, loop ook deur die dorp. Groot beesplase word in die gebied gevind, sowel as koring-, mielie-, tabak- en sitrusplase. Daar is ook fluoriet- en chromietmyne in die omgewing. Toerisme vorm 'n vinnig-ontwikkelende bedryf. Die oorspronklike naam van die plaas waarop die dorp gestig is was Sefathlani / Sebatlani (stowwerige plek) wat behoort het aan Casper Hendrik Coetzee, wat dit in 1858 gekoop het. Die plaas is later hernoem na Hazenjacht, en daarna Hazia / Hazeah. Casper Coetzee het Walter Seymore gekontrakteer om 'n kerk en 'n fort op die plaas te bou, maar hy (Casper) het gesterf voor hierdie voltooi is. In 1866, het die plaas in die hande van sy neef / swaer Diederik Jacobus Coetzee beland, wat die potensiaal van die ontwikkeling van 'n dorp op die plaas gesien het.
54732
Seweweekspoort lê op die R323-streeksroete, ’n verbindingspad tussen die N1 by Laingsburg in die Groot Karoo en die R62-provinsiale roete naby Calitzdorp en Ladismith in die Klein Karoo. Die pad gaan by die voormalige sendingstasie Amaliënstein noordwaarts deur ’n poort van 17 km wat deur die Seweweekspoortrivier (ook Huisrivier genoem) in die Klein Swartberge gevorm is. Op 1 018 m bereik die poort sy hoogste punt. Die maksimumhelling is 1:14. Die pad kruis die loop van hierdie westelike tak van die Gamkarivier 30 maal. Daarom is die poort tydens en na reën dikwels onbegaanbaar. Toerisme vorm die grootste verkeer op die roete weens die besondere ongerepte natuurskoon. Verskeie teorieë bestaan oor die oorsprong van die naam vir die poort. Die aanneemlikste is dat dit vernoem is na eerw. Louis Zerwick van die Berlynse Sendinggenootskap en waarskynlik werksaam was by Amaliënstein en Zoar. In die volksmond het Zerwickspoort deur die jare heen Seweweekspoort geword, want die bevolking het die seweweeksvaring geken. In die 1850's is daar met behulp van gevangene-arbeid begin om die pad langs die rivierloop te bou. Na weinig vordering is die taak in 1860 aan A.G. de Smidt, swaer van Thomas Bain opgedra.
58632
Die Huis van Lancaster was ’n tak van die Engelse koningshuis van Plantagenêt. Dit was een van die strydende faksies in die 15de-eeuse Rose-oorlog, ’n burgeroorlog om die troon. Drie Engelse konings was van dié huis: Hendrik IV (1399–1413), Hendrik V (1413–1422) en Hendrik VI (1422–1461 en 1470–1471). Die Huis van Lancaster stam af van Eduard III se derde oorlewende seun, Jan van Gent. Hy het getrou met die erfgenaam van verskeie landgoede, Blanche van Lancaster, en so het Gent die grootste grondeienaar in Engeland geword naas die koning. Richard II het egter ná Gent se dood in 1399 op sy grond beslag gelê. Gent se verbanne seun en erfgenaam, Hendrik (van) Bolingbroke, het later dieselfde jaar na Engeland teruggekeer om sy erfporsie op te eis. Hy het egter eindelik die bewind van die ongewilde Richard omvergewerp en is gekroon as Hendrik IV. So het hy die afstammelinge van Eduard III se tweede seun, Lionel van Antwerpen, omseil wat toe die opponerende Huis van York geword het.
66474
Kuboes, 'n afgeleë dorpie in die Richtersveld, is 'n eertydse sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap. Dit is in die middel van die 19de eeu gestig as 'n substasie van Steinkopf. Dit is 'n mooi dorp rondom 'n eenvoudige kerkkompleks wat dateer uit 1893. Kuboes word hoofsaaklik bewoon deur Namas en Basters. Dit word beskou as die vesting van die Namakultuur. Kuboes is 'n Namawoord met die betekenis van 'ronde fontein'. Kuboesberg, Van der Sterrberg en Ploegberg omring die dorp. Kuboes lê net noord van die Richtersveld Community Conservancy en net suid van die ǀAi-ǀAis/Richtersveld-vredespark; dus het toerisme in die laaste jare 'n oplewing getoon. Nogtans is hier geen outobank nie, maar wel selfoonontvangs. Die naaste vulstasie is 25 km verder by die Bakenmyn by Sanddrif. Lys van dorpe in Suid-Afrika "Hoofplek Kuboes". Sensus 2011.
69192
Mastacembelidae (stekelpalings) is 'n vis familie van die orde Synbranchiformes wat voorkom in Afrika en Asië. Die familie is lang, slanke paling-agtige visse wat 'n ry stekels op die rug het net voor die dorsale vin. In Afrika kom daar twee genera met 45 spesies voor. Die volgende genus en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Aethiomastacembelus Aethiomastacembelus frenatus - Langstert-stekelpaling Aethiomastacembelus shiranus - Shire-stekelpaling Aethiomastacembelus vanderwaali - Kolvin-stekelpaling Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
100302
Shishapangma (amptelik Xixabangma, Vereenvoudigde Chinees: 希夏邦马峰, Tradisionele Chinees: 希夏邦马峰, Pinyin: Xīxiàbāngmǎ Fēng; Tibettaans: ཤི་ཤ་སྦང་མ [ɕiɕapaŋma]), ook bekend as Gosainthān (Sanskrit vir: "plek van die heiliges"), is 'n berg in die Himalaja wat net noord van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 027 meter is dit die veertiende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I, Broad Peak en Gasherbrum II. Shishapangma is die kleinste berg met 'n hoogte van meer as 8 000 meter en die enigste een wat slegs in die Volksrepubliek China geleë is. Weens die streng beperking op buitelanders in die Outonome gebied Tibet was dit die laaste agt-duisende, wat bestyg is. Die eerste bestyging het op 2 Mei 1964 deur 'n Chinese ekspedisie onder leiding van Xǔ Jìng plaasgevind. (en) "Shishapangma, China". Peakbagger.com. Besoek op 31 Mei 2015.
106008
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord is een van twee oorwegend Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die stad Polokwane, Limpopo. Dis die oudste van die drie. Einde 2015 was hier 304 belydende en 63 dooplidmate. Die noordelike wyke van die Gereformeerde kerk Pietersburg het in November 1966 as die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord afgestig. Aanvanklik is eredienste in die Hoër Handelskool se saal gehou, maar kort voor lank het die gemeente planne beraam om ’n eie kerk op te rig. Die firma Hartman en Van der Walt sou die plan opstel en Ferreira en Seuns van Naboomspruit is as bouaannemer aangestel. (Volgens 'n ander bron was die argitek Johan de Ridder.) Ses jaar nadat die gemeente gestig is en wel op 18 November 1972 is die hoeksteen gelê. Ses maande later, op 12 Mei 1973, is die gebou feestelik in gebruik geneem. Aan die begin het die gemeente ’n klok in die toring gebruik, maar nadat bewoners van die omliggende huise beswaargemaak het, het die kerkraad in opdrag van die stadsraad besluit om dit nie meer te lui nie. Dieselfde lot het ook die NG gemeente Pietersburg-Noord, gestig in 1950, getref.
115446
Petrus Wilhelmus Botha (18 September 1904, Groot Marico - Julie 1984) (wat nie verwar moet word met die voormalige staatspresident nie) was ’n Afrikaanse skrywer wat onder meer die heel eerste Afrikaanse hoorspel skryf wat oor die radio uitgesaai is. Petrus Wilhelmus Botha is op 18 September 1904 in die distrik Marico gebore as die tweede van agt kinders. Sy oudste broer is Roelof Frederick Botha, die vader van die latere politikus Pik Botha. Hy het nog ’n broer (Johannes Petrus) en vyf susters (Magdalena Elizabeth, Luzia Margaretha, Anna Johanna Catharina, Dina Carolina en Martha Susanna) Sy vader is Johannes Petrus Botha en sy moeder is Anna Johanna Catharina Venter, wat op 22 Desember 1902 op Rustenburg met mekaar getroud is. Sy ouers was die eerste trekkers na die Voorbosveld in die Rustenburgse distrik in die jaar 1910, waar hy groot word op die plaas Oud-Thomas-zijn-loop, wat hulle later verafrikaans na Outhomasseloop. Op sewejarige ouderdom moet hy in 1911 sy ouerhuis verlaat om te kan skoolgaan aan die Staatsdrift Skool, waarna hy vanaf 1913 in standerd een oorgaan na die Kleinfontein Sentrale Skool, ses myl anderkant Groot Marico, waar die bekende P.A.M. Brink in daardie jare die skoolhoof was.
118230
Die sekelgras (Pogonarthria squarrosa (Roem. & Schult.) Pilg.) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die provinsies Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die ooste van Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit word ook in Lesotho, Eswatini, Mosambiek, Botswana en Namibië aangetref. Dit is 'n meerjarige plant wat regop groei en 1,2 m hoog word. Dit het 'n opvallende bloeiwyse wat tot 40 cm lank kan word. Dit het 'n as wat reguit groei met talle kort en opwaarts gebuigde sytakkies, wat soos 'n visgraat lyk. Daarom heet dit in Engels die herringbone grass. Sekelgras groei veral op versteurde grond. Dit is 'n harde en onsmaaklike subklimaksspesie en word as 'minder gewens' vir beweiding beskou. ook: pluimsekelgras "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2016. Besoek op 30 Desember 2016. Landbouweekblad 20120608.
125844
Die 2017 Formule Een Meksikaanse Grand Prix is op 29 Oktober 2017 op die Autódromo Hermanos Rodríguez in Meksikostad, Meksiko beslis. Dit was die agtiende wedren van die kampioenskapseisoen en die derde keer sedert 1992 wat dit in Meksiko plaasgevind het. Pirelli het die volgende bande aan alle spanne beskikbaar gestel in Meksiko. Sebastian Vettel het Ferrari se vierde voorwegsprong van die seisoen behaal deur die Red Bull-bestuurder Max Verstappen in die laaste minuut te klop. Lewis Hamilton het die derde plek vir Mercedes behaal, met sy spanmaat Valtteri Bottas vierde. Ferrari se Kimi Räikkönen het vyfde gekwalifiseer terwyl die Force India-bestuurder Esteban Ocon daarin geslaag het om voor Daniel Ricciardo se Red Bull in die sesde plek te kwalifiseer. Die top 10 word afgesluit deur die Renault-bestuurders Nico Hülkenberg en Carlos Sainz jr. en die ander Force India van Sergio Pérez. Toro Rosso-bestuurder, Pierre Gasly en McLaren-bestuurders Fernando Alonso en Stoffel Vandoorne, het onderskeidelik vyf, twintig en vyf-en-dertig wegspringplekke as straf ontvang. Hulle moes almal dele van hul enjins laat vervang. Later is Daniel Ricciardo van die Red Bull-span en die ander Toro Rosso-bestuurder, Brendon Hartley, ook vir dieselfde oortreding gestraf.
193046
Chondrocladia michaelsarsi is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Chondrocladia en tot die familie Cladorhizidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1932 deur Arnesen. Vacelet, J.. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
194558
Echinoclathria digitiformis is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Echinoclathria en tot die familie Microcionidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1911 deur Row. Van Soest, R. (2011). Echinoclathria digitiformis (Row, 1911). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=167918. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
214094
Chandler Riggs (gebore 27 Junie 1999) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Get Low (2009), Mercy (2014), en Only, en in die televisiereeks The Walking Dead (2010). 2006: Jesus H. Zombie 2009: Get Low 2014: Mercy 2017: Keep Watching Only 2010: The Walking Dead Chandler Riggs in die Internet-rolprentdatabasis Chandler Riggs op Twitter Chandler Riggs op Facebook Chandler Riggs op Instagram
242222
Aneta Corsaut (3 November 1933 – 6 November 1995) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent The Blob (1958) en in die televisiereekse Gunsmoke (1955), The Andy Griffith Show (1960), en The Gertrude Berg Show (1961). 1958: The Blob 1955: Gunsmoke 1960: The Andy Griffith Show 1961: The Gertrude Berg Show 1979: House Calls 1970: Me and Benjie Aneta Corsaut in die Internet-rolprentdatabasis
311462
Liv Corfixen (gebore 13 Januarie 1973) is 'n Deense aktrise, regisseuse, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Pusher (1996), Kat (2001), Princess (2006), en Only God Forgives (2013). 1996: Pusher 1999: Bleeder 2001: Kat 2006: Princess 2006: Gambler 2013: Only God Forgives 2014: My Life Directed by Nicolas Winding Refn 2001: The Chosen 7 1999: Bag om filmen 'Bleeder' 2001: Kat - jagten på gyset 2012: NWR (Nicolas Winding Refn) Liv Corfixen in die Internet-rolprentdatabasis
373526
Gladiolus vigilans is 'n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland en moontlik die Kogelberg voor. Daar is tans net een populasie bekend met minder as 250 plante. Dit word bedreig deur indringerplante. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1549-202 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:437975-1
373910
Trachyandra patens is 'n meerjarige plant wat tot die genus Trachyandra behoort. Die plant is inheems aan die Noord- en Wes-Kaap. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=2203-45 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:542422-1
384854
Die Campbell-versamelings by die Universiteit van KwaZulu-Natal gee ‘n beeld van die geskiedenis en ryk kulturele lewe van die vroeëre bewoners van KwaZulu-Natal. Hierdie internasionaal-bekende navorsingsinstelling bestaan uit drie afsonderlike eenhede, naamlik die Killie Campbell-Africana-biblioteek, die Mashu-etnologiemuseum em die William Campbell-meubelmuseum. Al die versamelings word gehuisves in die huis Muckleneuk aan die bopunt van Gladys Mazibukoweg (voorheen Marriottweg) in Essenwood in Durban. Sir (senator) Marshall Campbell (Glasgow, 10 Julie 1848 – Durban, 20 April 1917) was ‘n Natalse politikus, een van die grondleggers van die suikernywerheid in Suid-Afrika en die vader van die bekende William en Killie Campbell. Hy het die huis Muckleneuk hoog teen Berea in die neo-Kaaps-Hollandse styl deur Herbert Baker laat ontwerp en in 1914 laat bou. Campbell is deur sy Zulu-werknemers Mashu genoem en daarom dra die stad wat ten noorde van Durban op sy plaas ontwikkel het die naam KwaMashu, “die plek van Marshall”. Die terrrein om die huis is tot ‘n besondere terrein ontwikkel. Daar is verskeie inheemse, seldsame en historiese plante.
41022
Die knie is 'n gewrig in die vorm van 'n skarnierverbinding in die menslike been wat die skeenbeen en kuitbeen (die bene van die onderbeen) met die dybeen (die been van die bobeen) verbind. Hierdie verbinding word aan die voorkant deur die knieskyf (patella) beskerm. Vanuit hierdie gewrig word die been deur aanspanning (ekstensie) van die bobeenspiere, die verhoofdige dybeenspier oftewel Musculus quadriceps femoris (quadriceps) gestrek, en deur aanspanning (fleksie) van die spiere aan die agtersy van die bobeen oftewel hamstrings of Musculus biceps femoris (biceps femoris — femur, Latyns vir dybeen) gebuig. Ook word gereeld met die knie die gebied van die been bedoel wat hierdie verbinding insluit en steun, dus ook die omliggende weefsel. Die bewegings van die knie verloop soepel deur middel van kraakbeen. Die dun, elastiese weefsel, kraakbeen, beskerm die beenmateriaal en sorg dat die gewrigsvlakke gemaklik oor mekaar kan gly. Daar kan twee soorte gewrigskraakbeen in die knie onderskei word, naamlik fibreuse kraakbeen (meniskus) en hialiene kraakbeen. Die voor-terugwaartse stabiliteit in die kniegewrig word veral deur kruislingse bande (die kruisligamente) bereik wat die bo- en onderbeen verbind.
55848
Die Universiteit van Oxford (ook bekend as Oxford-Universiteit) is 'n universiteit in Oxford, Engeland. Die universiteit is saam met die Universiteit van Cambridge een van die twee beroemdste en oudste universiteite van die Verenigde Koninkryk. Die twee universiteite staan gesamentlik as Oxbridge bekend. Die toegangsvereistes vir 'n topuniversiteit soos Oxford is baie streng; uit vele kandidate word slegs die beste aangeneem. Dit weerspieël die kwaliteit van die opleiding en konstante rangskikking van Oxford binne die top vyf van beste universiteite ter wêreld. In die universiteit se geskiedenis was daar al 72 Nobelpryswenners, 12 wenners (20%) van die Booker Prys, 6 wenners van die A.M. Turing Toekenning en 4 wenners van die Veldmedalje vir Navorsing aan die universiteit. Daarnaas het 28 premiers van die Verenigde Koninkryk en meer as 50 andere presidente en premiers hier studeer. Verder is daar tallose wêreldberoemde wetenskaplikes, akademici, outeurs, filosowe, ondernemers, geestelikes, regters, kunstenaars, sporthelde en akteurs wat ook aan Oxford studeer het. http://www.topuniversities.com Artikel in Knack. Oxford at the Olympics http://www.ox.ac.uk/ - Die universiteit se Webwerf. (en) Hierdie artikel is ’n saadjie.
67020
’n Kleinplaneet-maan is ’n natuurlike satelliet wat in ’n wentelbaan om ’n kleinplaneet is. Daar word geglo baie asteroïdes en Kuiper-gordel-voorwerpe het mane en dat party taamlik groot is. Die ontdekking van mane om kleinplanete (en tweeledige voorwerpe in die algemeen) is belangrik omdat hul wentelbane wetenskaplikes ’n beter idee gee van die massa en digtheid van die primêre voorwerp. Dit gee dus ’n insig in die fisiese eienskappe wat nie andersins moontlik sou gewees het nie. Teen November 2011 is al 200 mane van kleinplanete ontdek. Benewens die terms satelliet en maan word die term "tweeledig" of "binêr" soms gebruik vir kleinplanete met mane (of "drieledig" vir kleinplanete met twee mane). As een voorwerp baie groter as die ander een is, word dit dikwels die primêre komponent genoem en die kleiner een die sekondêre komponent. Wetenskaplikes is nie heeltemal seker hoekom sommige kleinplanete mane het nie en verskeie teorieë bestaan. ’n Algemene teorie is dat mane ontstaan wanneer ’n stuk van ’n kleinplaneet in ’n botsing met ’n ander hemelliggaam afbreek.
78720
Rapplespan is 'n nedersetting in Kgalagadidistrik van Botswana. Dit is geleë aan die suidwestelike punt van Botswana, digby die Suid-Afrikaanse grens. Rapplespan het 'n laerskool en die bevolking het 278 getel tydens die 2001 sensus. "Distribution of population by villages and their associated localities: 2001 population and housing census". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-11-24. Besoek op 2007-12-13. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
83844
Die NG gemeente Coligny-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal). Die gemeente is in 1968 gestig. Die kerkgebou is geleë by Eeufeeslaan 22, Coligny. Die huidige (2021) leraar is ds. M.H. Pieters. In 2013 was hier 59 doop- en 278 belydende lidmate, maar in 2015 onderskeidelik 58 en 279. In die uitgawe van 2021 was dit steeds 58 en 279. Jacobus Marthinus Gerber, 1985 – 1994 (aanvaar sy emeritaat) Mattheus Hendriks (Tewie) Pieters, 2013 – hede Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
117918
Die bergpalm of Waterbergse broodboom (Encephalartos eugene-maraisii Verd.) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Limpopo. Dit is beperk tot die Waterberg-gebied in Limpopo. Op die SANBI-rooilys is dit as 'bedreigde spesie' (EN) gelys. Die populasie het in die laaste generasie (ongeveer 30 jaar) met meer as 50% afgeneem en daar bly net ongeveer 900 indiwidue oor. Dit is 'n boom wat tot 3 m hoog word. Sy sierlike blare word 1 m lank. Die plant se nasionale nommer is 3.1. In Engels staan dit bekens as Waterberg cycad. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ http://pza.sanbi.org/encephalartos-eugene-maraisii http://redlist.sanbi.org/species.php?species=823-12
121386
Die World Register of Marine Species (WoRMS) is ’n databasis met ’n gesaghebbende en omvattende lys name van mariene organismes. Die inhoud word deur wetenskaplike kenners van elke groep organismes geredigeer en onderhou. Hulle kontroleer die gehalte van die inligting, wat verkry word uit vaktydskrifte en ander databasisse. WoRMS gee geldige name vir alle mariene organismes, maar verskaf ook inligting oor sinonieme en ongeldige name. Die databasis word voortdurend bygewerk terwyl nuwe spesies ontdek en deur wetenskaplikes beskryf word. Die name en taksonomie van bestaande spesies word dikwels gekorrigeer of verander namate nuwe navorsing voortdurend gepubliseer word. "Towards a World Register of Marine Species" (in Engels). World Register of Marine Species. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020. Besoek op 16 Februarie 2009.
190616
Aquileia was een van die grootste stede van antieke Italië en een van die belangrikste seehawens en militêre basisse van die Romeinse Ryk, geleë aan die Natisone-rivier naby die Adriatiese See met 'n bevolking van sowat 100 000 gedurende sy bloeitydperk in die 2de eeu n.C. - en 'n verdere 100 000 in sy omgewing - onder wie ambagsmanne, skeepsbouers en wapensmede. Aquileia was destyds die eindpunt van die Barnsteenroete wat die Romeinse Ryk met die Baltiese gebiede aan die Oossee verbind het. Daarnaas was dit die belangrikste spilpunt vir die handel met die ooste. Uiteindelik het Aquileia se rykdomme die aandag van barbaarse volke getrek - en begeertes gewek. In die laat-antieke tydperk, toe die Romeinse Ryk onder die invalle van hierdie volkere moes swig, het die bewoners begin om hulle na die nabygeleë strandmeer terug te trek wat as veilige skuilplek kon dien. Hierdie beskeie nedersettings sou die bakermat van een van die magtigste seemoondhede in die Europese geskiedenis sou word - die Republiek Venesië. Die gelyknamige moderne Italiaanse nedersetting het 'n bevolking van sowat 3 000. (de) www.deutschlandfunk.de: Die antike Stadt Aquileia - See- und Handelsmacht am Mittelmeer.
195812
Plicatellopsis antarctica is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spons behoort tot die genus Plicatellopsis en tot die familie Suberitidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1876 deur Carter. Van Soest, R. (2011). Plicatellopsis antarctica (Carter, 1876). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=170767. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
260114
Manuel Tadros (gebore 30 September 1956) is 'n Kanadese akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The American Trap (2008) en X-Men: Apocalypse (2016), en in die televisiereeks Omerta, la loi du silence (1996). 2002: A Scent of Mint 2008: The American Trap 2010: Cuba, Keepers of the Mangrove 2016: X-Men: Apocalypse 2016: Mon ami Dino 2018: Wolfe Montréal Girls 1996: Omerta, la loi du silence 2002: Edward Manuel Tadros in die Internet-rolprentdatabasis
372374
Tai Yai (လိၵ်ႈတႆ, [lik táj] luister (hulp·inligting)) of Shan is 'n Tai-Kadai-taal wat deur sowat 3,3 miljoen mense in Mianmar, Thailand en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit word veral in die Shan-deelstaat van Mianmar gepraat, maar ook in die Kachin-deelstaat, Noord-Thailand en in 'n mindere mate in die Indiese deelstaat Assam. Tai Yai is verwant aan Lao en Thai, die amptelike tale van onderskeidelik Laos en Thailand. Die presiese aantal Tai Yai-sprekers is onbekend. In 2001 het Patrick Johnstone en Jason Mandryk die aantal sprekers in Mianmar op sowat 3,2 miljoen geskat; die Mahidol-universiteit se Instituut vir Taal en Kultur het in 2006 die aantal in Thailand op sowat 95 000 beraam, maar met vlugtelinge uit Mianmar tel hulle nou omtrent 'n miljoen. Baie Tai Yai praat plaaslike dialekte, maar ook tale van hul handelsvennote. As gevolg van die Birmaanse burgeroorlog is net min Tai Yai in staat om die Tai Yai-skrif te lees, wat aan die Birmaanse skrif ontleen is. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Shan".
374084
Ixia latifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld langs die rant van die Tankwa Karoo tot by die Klein Swartberg en die suidelike hellings van die Gamkaberg. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1547-4002 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:439462-1
374384
Tritonia delpierrei is 'n meerjarige blomplant wat tot die genus Tritonia behoort en is deel van die vygieveld. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap en kom in die Richtersveld voor. Hier het dit 'n voorkoms gebied van 157 km2. Die spesie word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1537-58 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:903306-1
83880
Die NG gemeente Klerksdorp-Wilkruin is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal). Die gemeente is gestig in 1980. Die kerkgebou is geleë by Dr. Yusuf Dadoolaan 73, Wilkoppies, Klerksdorp. In 2013 was die leraar ds. A.P. Burger. Daar was in daardie jaar 125 doop- en 580 belydende lidmate. Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
85542
Marcel van der Merwe (gebore in Welkom op 24 Oktober 1990) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat op stut speel vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Van 2016 tot 2020 het hy vir Toulon in Frankryk se Top 14-reeks gespeel. Marcel van der Merwe by SARugby.co.za Marcel van der Merwe by itsrugby.co.uk
108246
Malhuis is 'n Afrikaanse rolprent. Die film is hoofsaaklik in Bellville geskiet en vertel die verhaal van twee vriende wat 'n verlate malhuis verken, verdwaal en verdwyn. Die videokamera van die twee vriende word twee jaar later gevind. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
112968
Hawaiki in die Polinesiese mitologie, ook gespel Avaiki (Geselskapseilande), Savai'i (Samoa) of Havaiki (Tahitiaans), is die oorspronklike tuiste van die Polinesiese volke voordat hulle oor Polinesië versprei het. Dit kom ook voor as die onderwêreld in baie Maori-stories. Die Maori-naam Hawaiki word aangetref in legendes oor die aankoms van die Maori in Aotearoa (Nieu-Seeland). Dieselfde begrip kom voor in ander Polinesiese kulture en word op verskillende maniere gespel, hoewel Hawaiki een van die mees algemene spellings is. Selfs al glo Samoane nie hul oorprong lê elders nie, toon die naam van hul grootste eiland, Savaiʻi, ’n verwantskap aan die naam Hawaiki, so ook die naam van die Polinesiese eilande Hawaiʻi (die ʻokina dui ’n glottale sluitklank aan en vervang die "k" in sommige Polinesiese tale). Op verskeie eilandgroepe, insluitende Nieu-Seeland en die Marquesaseilande, word die naam verbind met die onderwêreld en die dood. Die Engelse sendeling William Wyatt Gill het die legendes oor 'Avaiki as die onderwêreld of Hades van Mangaia op die Cookeilande volledig bespreek.
121176
"Gaudeamus igitur (Kom nou, kêrels)" is die verwerkte Afrikaanse weergawe van ’n bekende Latynse studentelied uit die Middeleeue. Dit is as lied 234 in die FAK-sangbundel opgeneem. Gaudeamus, igitur, juvenes dum sumus; gaudeamus, igitur, juvenes dum sumus; post jucundam juventutem, post molestam senectutem nos habebit humus, nos habebit humus. Kom nou, kêrels, laat ons sing, skuif die boeke nou opsy! Kom nou, kêrels, laat ons sing, skuif die boeke nou opsy! Al die bitter jer'miades, al die skandes en die skades van die bloktyd is verby, van die bloktyd is verby. Vivat Academia! Vivant professores! Vivat Academia! Vivant professores! Vivat membrum quodlibet! Vivant membra quaelibet, semper sint in flore, sember sint in flore! Jonkheid is die hoogste deug: drink die warme lewenswyn, jonkheid is die hoogste deug: drink die warme lewenswyn, soos die voëltjies in die velde, soos die blomme ongemelde vreugde vind in sonneskyn, vreugde vind in sonneskyn. Die Latynse lied is bekend as "Gaudeamus Igitur" ("So Kom Ons Wees Verheug") of "De Brevitate Vitae" ("Oor die Kortheid van die Lewe").
141248
Saccocalyx is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Hexactinellida. Saccocalyx careyi (Reiswig, 1999) Saccocalyx microhexactin Gong, Li & Qiu, 2015 Saccocalyx pedunculatus Schulze, 1896
207632
Neil Brown jr. (gebore 19 Junie 1980) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Straight Outta Compton (2015) en in die televisiereekse Dirk Gently's Holistic Detective Agency (2016), Insecure (2016), en SEAL Team (2017). 2009: Scare Zone 2012: Kidnapped Souls 2015: Straight Outta Compton 2017: Pope 2019: Bayou Tales 2009: Fear Clinic 2012: Heroic Daze 2012: King Bachelor's Pad 2016: Dirk Gently's Holistic Detective Agency 2016: Insecure 2017: SEAL Team 2007: Fear Itself Neil Brown jr. in die Internet-rolprentdatabasis
237548
Wallace Howe (4 Maart 1878 – 23 November 1957) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rol in die rolprent Why Worry? (1923). 1923: Why Worry? Wallace Howe in die Internet-rolprentdatabasis
240716
Die 2019 Superrugbyseisoen was die 24ste seisoen van Superrugby, 'n jaarlikse rugbykompetisie georganiseer deur SANZAAR tussen die spanne van Argentinië, Australië, Japan, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Sedert die 2018-seisoen is teruggekeer na 'n 15-spanformaat, wat bestaan uit drie geografiese konferensies. Die 15 deelnemende spanne is verdeel in drie geografiese konferensies: die Australiese konferensie (bestaande uit vier Australiese spanne en die Japanse Sunwolves), die Nieu-Seelandse konferensie (bestaande uit vyf Nieu-Seelandse spanne), en die Suid-Afrikaanse Konferensie (bestaande uit vier Suid-Afrikaanse spanne en die Jaguares van Argentinië). In die groepfase was daar 18 rondtes van wedstryde, met elke span wat 16 wedstryde speel met twee rondtes loslootjies, wat sorg vir 'n totaal van 120 wedstryde. Spanne sal agt inter-konferensiewedstryde en agt kruis-konferensiewedstryde speel; hulle sal twee keer teen elke ander span in hul konferensie speel – een keer tuis en een keer weg – en sal een keer teen vier van die spanne in die ander twee konferensies speel.
247436
Elaine Riley (15 Januarie 1917 – 7 Desember 2015) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Devil's Playground (1946), False Paradise (1948), en Sinister Journey (1948), en in die televisiereeks Highway Patrol (1955). 1945: What a Blonde 1946: The Devil's Playground 1947: Danger Street 1948: False Paradise 1948: Sinister Journey 1948: Strange Gamble 1950: Rider from Tucson 1951: The Hills of Utah 1952: Leadville Gunslinger 1953: Texas Bad Man 1955: Highway Patrol Elaine Riley in die Internet-rolprentdatabasis
257534
Joss Stone (gebore 11 April 1987) is 'n Engelse aktrise en komponis. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Fantastic Four (2005), Eragon (2006), en It's Complicated (2009). 2005: Fantastic Four 2006: Eragon 2009: It's Complicated 2009: Soundtrack for a Revolution 2013: The Power of Soul 2016: Prince Harry in Africa 2006: Balcony TV 2007: One Shot Not 2015: Legends: OWN at the Apollo 2005: Save the Music Concert 2008: Jeff Beck at Ronnie Scott's 2004: Joss Stone: Mind, Body & Soul Sessions - Live in New York City 2004: Joss Stone: Fell in Love with a Boy 2004: Joss Stone: Super Duper Love 2004: Joss Stone: You Had Me 2005: Now Vision 2005: Vol. 1 2005: Joss Stone: Right to Be Wrong 2005: Joss Stone: Spoiled 2005: Joss Stone: Donot Cha Wanna Ride 2007: Joss Stone: Tell Me 'bout It 2007: Joss Stone Feat.
264734
Beta Trianguli (afgekort as β Tri) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Driehoek (Triangulum) en is sowat 127 ligjare van die Son af. Hoewel die skynbare magnitude net 3 is, is dit die helderste ster in die Driehoek. Die stelsel se wentelperiode is 31,39 dae en die eksentrisiteit van die wentelbaan 0,53. Die twee komponente is minder as 5 AE van mekaar af. Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van A5 IV, wat beteken dit het weg van die hoofreeks geëvolueer en ’n subreus geword. Dié klassifikasie is egter onseker en stem nie ooreen met die massa wat van die wentelbaan afgelei is nie. Dit is een van die veranderlike sterre met die kleinste wisseling in helderheid wat deur die Hipparcos-ruimtetuig waargeneem is; die magnitude wissel slegs met 0,0005. Volgens waarnemings deur die Spitzer-ruimteteleskoop in 2005 straal die stelsel ’n oormaat infrarooi uit en dit dui op die teenwoordigheid van ’n sirkumstellêre skyf van stof. Dit is vermoedelik sowat 50 tot 400 AE van die sterre af. Gray, R. O.; Corbally, C. J.; Garrison, R. F.; McFadden, M. T.; Robinson, P. E. (2003).
269144
Mark Singleton (2 Maart 1919 – Julie 1986) was 'n Engelse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Salt and Pepper (1968) en Game for Vultures (1979), en in die televisiereekse R3 (1964) en Department S (1969). 1961: Enter Inspector Duval 1968: Salt and Pepper 1976: Keep It Up Downstairs 1979: Game for Vultures 1958: Charlie Drake 1960: The Charlie Drake Show 1963: The Dick Emery Show 1964: R3 1965: The Worker 1969: Department S Mark Singleton in die Internet-rolprentdatabasis
270398
Nota: Hierdie artikel handel oor een van verskeie Waterklowe in die Wes-Kaap. Vir die ander riviere, spruite en klowe, sien Waterkloof (veelsinnig). Die Waterkloof is 'n kloof in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Google-kaart van die Waterkloof in die Wes-Kaap by Geonames.org (cc-by) Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron. Hierdie Wes-Kaap-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
283868
Robert Milli (15 Maart 1933 – 18 Julie 2019) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Curse of the Living Corpse (1964), Hamlet (1964), en Klute (1971), en in die televisiereeks American Playhouse (1981). 1962: The Seducers 1964: The Curse of the Living Corpse 1964: Hamlet 1971: Klute 1981: American Playhouse Robert Milli in die Internet-rolprentdatabasis
289628
Die groottolsuikerbos (Protea inopina) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea-genus behoort. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, skaars, uiters geïsoleerd en kom slegs in die Olifantsrivierberge naby Paleisheuwel voor. Die plant word 1 m hoog en het baie stamme. Die plant spruit weer uit na dit gebrand het. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 600 - 650 m en blom van September tot Desember. In Engels staan dit as die Large-nut sugarbush bekend. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies "Protea inopina" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2017. Besoek op 3 Februarie 2020. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=799-60 http://pza.sanbi.org/protea-inopina https://www.proteaatlas.org.za/sugar6.htm https://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/protea_inopina.htm Geargiveer 2 Februarie 2020 op Wayback Machine http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:705875-1 Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groottolsuikerbos.
301748
Die Ferrari 360 (Type F131) is 'n tweesitplek-middelenjin-sportmotor met agterwielaandrywing wat van 1999 tot 2005 deur die Italiaanse motorvervaardiger Ferrari vervaardig is. Dit het die Ferrari F355 opgevolg en is in 2005 deur die Ferrari F430 vervang. Ferrari het met Alcoa saamgewerk om 'n heelnuwe aluminiumraamonderstel te vervaardig wat 40% stywer was as die F355 wat van staal gemaak was. Die ontwerp was 28% ligter ondanks 'n toename van 10% in algehele afmetings. Saam met 'n liggewig raamwerk het die nuwe Pininfarina-bakwerk afgewyk van tradisies van die vorige dekades se skerp hoeke en opklapkopligte. Die nuwe V8-enjin het 'n 3,6 liter-kapasiteit, 'n platvlak krukas en titaansuierstange. Die enjin lewer 294 kW se drywing. Volgens Ferrari is die massa met 60 kg verminder en die 0-100 km/h versnellingstyd verbeter van 4,7 tot 4,5 sekondes. Die eerste model wat vervaardig is, was die 360 Modena, gevolg deur die 360 Spider en 'n spesiale uitgawe, die Challenge Stradale. Daar was 8 800 Modenas en 7 565 Spiders wêreldwyd vervaardig Of those numbers there were only 469 Modenas and 670 Spiders that were produced with a gated 6-speed manual transmission as opposed to the automated F1 single clutch transmission.
312026
Jarl Forsman (gebore 6 April 1952) is 'n Deense akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent The Olsen Gang - Final Mission (1998) en in die televisiereekse Kirsebærhaven 89 (1990), Gøngehøvdingen (1992), en Strisser på Samsø (1997). 1998: The Olsen Gang - Final Mission 1990: Kirsebærhaven 89 1992: Gøngehøvdingen 1995: Fæhår og Harzen 1995: Hallo, det er Jul 1997: Strisser på Samsø Jarl Forsman in die Internet-rolprentdatabasis
310304
Per Buckhøj (10 Februarie 1902 – 21 Oktober 1964) was 'n Deense akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Mani (1947), Mød mig paa Cassiopeia (1951), Adam og Eva (1953), en The Vikings (1958). 1945: Red Meadows 1947: Mani 1947: Swedenhielm Family 1948: Penge som græs 1948: Hvor kunde og sælger mødes 1951: Mød mig paa Cassiopeia 1951: Det gamle guld 1953: Adam og Eva 1955: Gengæld 1957: Ellehammer-filmen 1958: The Vikings Per Buckhøj in die Internet-rolprentdatabasis
32681
Rhode Island (Engels: State of Rhode Island and Providence Plantations) is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika. Dit is die kleinste van die vyftig Amerikaanse deelstate met 'n oppervlakte van 3,144 vierkante kilometers - maar ook dié met die langste amptelike naam. Die hoofstad en grootste stad is Providence. Rhode Island het 'n bevolking van omtrent een miljoen en was die 13de deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die naam Rhode Island verwys na Aquidneck Island, wat ook Rhode Island genoem is. Providence Plantations verwys na die vasteland. Die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano was die eerste Europeër om die gebied te besoek. Rhode Island word in die noorde en ooste deur Massachusetts en in die weste deur Connecticut begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die suide. Rhode Island se byname is The Ocean State en Little Rhody. Toerisme Visit Rhode Island Geskiedenis Rhode Island Historical Society Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.