id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
200
Tans moet jy JavaScript gedeaktiveer. Om kommentaar te lewer, maak asseblief seker dat JavaScript en Cookies aangeskakel, en herlaai die bladsy. Klik hier vir instruksies oor hoe om JavaScript in staat te stel in jou leser.
201
08:23 Eerste bietjie sneeu vir die winter. Dis so mooi maar was maar baie koud. Ek sien vreeslik uit na die winter, maar ek dink ek gaan so bietjie swaar kry.
202
18:47 Nogal koel hier vandag en lyk my die res van die week gaan dit begin koud raak. Ek moet my seker begin gereed maak vir die koue winters.
203
Sy passie is misdaadbekamping en skryf sy terapie; die logiese gevolg, ’n misdaadroman. Daar is egter veel meer aan Duane Aslett as net dit.
204
Sy tweede roman, Goudduiwel, het pas verskyn met dieselfde karakters as in sy debuut, Skoppensboer, maar gewikkel in ’n nuwe stryd teen die korrupte magte van die onderwêreld.
205
Goudduiwel word oor twee weke in die Boeke-oase op Aardklop bekend gestel, daar in Potchefstroom waar dié skrywer se heeltydse nering ’n senior lektor in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit is.
206
Aslett het sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens begin, maar glo hy lewer ’n groter bydrae tot die bekamping van georganiseerde misdaad deur te help om elke jaar 20 of 30 forensiese rekeningkundiges die land in te stuur.
207
Rex lei ? ondersoek vir die Valke nadat sy meisie se broer, ’n hoofverdagte in ’n moordsaak, verdwyn, gebeure wat blykbaar verband hou met die vaslê van die Krugermiljoene. Net soos in Skoppensboer moet Rex ’n netwerk van opperste skurke infiltreer. Dit lei tot wilde jaagtogte op stofpaaie so ver as Skukuza.
208
“Goudduiwel het egter makliker gevloei as Skoppensboer. Ek verstaan karakterontwikkeling en die verwagtinge van romanskryf nou beter.”
209
Dié skrywer-akademikus, wat in Oos-Londen grootgeword en aan die Afrikaanse Hoërskool Grens gematrikuleer het, sê sy groot begeerte was om ’n vlieënier te word. Toe hy nie die keuring slaag nie, het hy nie ’n benul gehad wat om te doen nie.
210
’n Familievriend was by die polisie en hy is agter dié aan polisiekollege toe. Sy mikpunt was die intelligensiediens maar daarvoor moes jy gegradueer wees en toe begin hy studeer. Hy verwerf ’n B.Juris deur Unisa, word ’n aanklaer, werk in PWC se forensiese afdeling, verwerf ’n meestersgraad in die regte en op die koop toe ’n meestersgraad in teologie.
211
Sy skryflus is op skool geprikkel deur ’n inspirerende Engels-onderwyser, maar saam met jare se studies en tussendeur ook vrou-vat was tyd vir skryf skraal – tot 2013 toe hy kans gehad het om twee kortverhale vir Huisgenoot te stuur waarvan Stropers opgeneem is in ’n bundel verhale uit die argief wat gister verskyn het. Skoppensboer is toe sommer ook gebore.
212
Aslett sê sy derde roman neem al vorm aan “maar word nou op ys geplaas sodat hy oor twee maande sy LL.D-verhandeling kan inhandig.
213
Die engiste probleem wat mens het as jy deur swazi gan dan kan jy nie die nuwe pad om maputo ry nie so dan staan jy weer in maputo... Ek het pelle wat werk in Moz en hulle almal gan komatipoort deur... Dit vat bietjie tyd maar om Maputo te mis is die moeite werd...
214
Dit is nou n mooi lang verduideliking. Al wat jy in gedagte moet hou is om jou trokkie op sy pens deur die modder te sleep kan soms meer as die 4300kG nodig he en dus die snatch block... maar oor die algemeen sal dit nie eens naastenby nodig wees nie... Oja baie belangrik op so groot as moontelik ka...
215
Ek is 'n baie liefde volle mense. Ek is vriendelik, eerlik, getrou en 1 uit 'n miljoen. Ek het ook 'n goeie sin vir humor :)
216
'n Fliek; 'n Musiekkonsert; 'n Piekniek in die park; 'n Sportbyeenkoms bywoon; Aandete by 'n restaurant; Uitgaan vir dans; Teater toe gaan; Ontmoet vir koffie; Ontmoet vir drankies; Stap op die strand
217
Heel regs boaan die foto is daar 'n groot rots met 'n baken op, dis die Hondeklip waarna Hondeklipbaai vernoem is.
218
Ek het n volle lewe gelewe. Dwars our die wereld gewerk, met baie lewes ondervinding. Ek is karasmaties, en baie kunstig. Soek net n rustige maat om lewe saam verder te...
219
Ek is n gewone Boeremeisie wat hou van die see, avontuur en die buitelewe. Ek is n eerlike en vertroubare persoon. Ek hou niks van oneerlikheid en mense wat voorgee hulle is...
220
’n Polisievrou het Woensdag in die hof verskyn vir haar beweerde betrokkenheid by die rooftog van ’n Oos-Kaapse polisiekantoor.
221
Volgende jaar se Wêreldskolerugbyfees sal ’n sterk Kiwi-geurtjie hê met vier skole van Nieu-Seeland wat hul slag teen van Suid-Afrika se voorste spanne sal kom wys.
222
Wat het jy op Werkersdag 2017 gedoen? Jy het heel moontlik gebraai of wasgoed gewas. Dalk het jy soos ’n betrokke landsburger aan ’n optog deelgeneem. Of dalk was jy een van die gelukkiges wat die afsluitingskonsert van die Suidoosterfees, Legendary Divas, Maandag in Kaapstad bygewoon het.
223
Ek was aanvanklik ’n bietjie huiwerig om ’n kaartjie aan te skaf omdat die woord “divas” in die titel soms vir my problematies is. Hoewel die woord onder meer “gevierde sangeres” beteken, het dit in moderne tye ’n bietjie van ’n katterige ondertoon gekry. Gelukkig het ek gou gesien wie hierdie divas is – Vicky Sampson, Amanda Strydom en Gloria Bosman – en almal op één verhoog. Dis die ware Jacobinas, die klassieke divas.
224
Maar ek wil my verstout om nog ’n diva tot die drie groot name te voeg – dié van Janine Neethling. Sy was die musikale regisseur van die produksie en die musikale baasbrein. Soos wat ’n mens van Neethling kan verwag, het sy musiek gekies wat by dié vroue se stemme pas – groot, uniek en kragtig.
225
Maar in plaas daarvan om verder te wonder, het hulle losgetrek en die gehoor het gou uitgevind wat ’n diva is en hoe sy moet klink.
226
Die produksie het begin met ’n allegaartjie – van “Jabulani” tot “Ek kan rock in my taal”. In ’n ander vertoning sou dit die “showstopper” aan die einde van die vertoning gewees het, maar dit was bloot die begin. ’n Mens het sommer met die opening besef hier kom ’n ding of vier.
227
So, wat het jy op Werkersdag gedoen? Gebid, gemarsjeer of gedans? Is daar ’n verskil, mag ’n mens wonder. Of soos Strydom dit stel: “Mag ons die lig uit die hemel uit op ons neerdans.” Met vervangde heupe en al.
228
KORS Meng die meel, suiker en sout in ’n voedselverwerker. Voeg die koue botter by en pols tot dit soos growwe krummels lyk. Gooi in ’n bak. Sprinkel 60 ml (¼ k) yswater in, roer en druk die deeg tot dit bymekaarkom. Indien nodig, voeg nog ’n bietjie yswater by. Keer die deeg op kleefplastiek uit en verkoel 30 min.
229
Rol die deeg in ’n sirkel uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Rol die deeg lossies om ’n koekroller en rol dit versigtig in die voorbereide pan oop sodat die oortollige deeg oor die rand hang. Druk die deeg sagkens in die pan in en plooi of knyp die rande. Bedek en sit vir 30 min. in die vrieskas.
230
VULSEL Vou die room in ’n groot bak by die karamel in tot lig en donsig. Druk die vloeistof uit die geweekte gelatien, sit die vel in ’n hittebestande bak en roer oor ’n pot pruttende water tot die gelatien oplos.
231
BOLAAG Klits die room, versiersuiker en vanieljegeursel met ’n handklitser saam tot styf. Smeer of spuit die geklitste room oor die verkoelde tert. Hou die tert verkoel tot reg vir voorsit.
232
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
233
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
234
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
235
Die World Choir Games, wat deur die Interkultur-stigting aangebied word, vind vanjaar die eerste keer in Afrika plaas. Hierdie glansgeleentheid is geskep vir nieprofessionele kore van reg oor die hele wêreld om deel te neem en vind slegs elke tweede jaar plaas.
236
Ek respekteer die mense om my. Ek is goed en ordentlik groot gemaak. Ek is maklik aanpasbaar. Geniet dit om mense om my te he. Die dame wat moontlik vir my 'n kans gaan gee sal op die hande gedra word. Ek sien my self as 'n ou met baie goeie maniere en selfrespek, asook netjies(bohalwe die skoenekas) hahaha, ek sien myself ook as romanties. Ek is nie skaam nie, maar ek is GLAD nie voor op die wa of uit-die-kassie uit nie.
237
Rustig "free-spirit" tipe girl, intellegent, nie 'n couch-potato nie. Iemand saam met wie ek amper alles saam kan doen,.. Positiewe gesindheid oor haarself en die lewe. Liefdevol en opreg, wat nie iemand/iets anders probeer wees nie. Moet oor die weg kan kom met mense. 'n Musiek lover. En net iemand wat saam my kan lag oor dinge van die dag.
238
TiCs was tot die naweek in ons kontrei en ons het gou die plakkers vasgeplak ! Die waentjie was intussen vir ‘n maand in Botswana en dit word tot groot seën gebruik !!
239
Die stad ontwikkel steeds sedert die 18de eeu, en is die ekonomiese en kulturele sentrum van die streek. Die dieretuin, wat meer as 300 spesies op uitstalling het, insluitend ware seldsaamhede, is oral in Europa bekend. Die warmwatermeer Sóstófürdő is al vir 'n paar eeue 'n toeriste-aantreklikheid. Die water het 'n temperatuur van omtrent 26 °C, en die meer word deur 'n park van 2000 m² omring.
240
8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.
241
6. Verwyder uit die oond en toets met m sosatiestokkies of die kieste sag is. Indien nie, vou die skaapkop weer toe en bak tot kieste sag is. Wanneer die kieste sag is, bak die kop tot dit goudbruin is en die pensvel bros en krakerig.
242
Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom. Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
243
En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe;
244
en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word,
245
Ek werk in verskillende mediums. Elke onderwerp vra 'n spesifieke medium. As ek egter tot 'n slotsom moet kom oor wat vir my die belangriste is, sal ek die tekenkuns uitsonder.
246
God gebruik hierargie om op te bou – nie af te breek soos die wêreld nie. Die wêreld haat gesag. Tekste oor outoriteit/gesag:
247
Belangrik: moet nooit in onbeheerste woede dissiplineer nie (oorsaak van die wêreld se reaksie teen lyfstraf)
248
“Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê”
249
'n Ondersoek na die fisieke fiksheidsvereistes wat deur die Suid–Afrikaanse Leër gestel word en die mate waarin Transvaalse seuns wat die middelbare skool verlaat, hieraan voldoen
250
Ná net ses jaar in die Suid-Afrikaanse media is Maroela Media die enigste Afrikaanse nuuswebwerf op die top 10 nuuswebwerwe in die land, en ‘n kortkop agter ander nasionale Engelse nuusreuse. Veels geluk met jou 6de verjaardag, Maroela!
251
Baie geluk Maroela Nuus, julle hou die lesers rêrig 24/7 op hoogte van alles. Somtyds is julle nuusberigte bietjie vaag maar oor die algemeen bly almal altyd op hoogte van die nuus.
252
Die DBV in Bloemfontein het gesê bewerings dat diere in die plaaslike dieretuin honger ly, is onwaar. Wat dink jy oor die saak?
253
Ek voel gerusgestel en glo die DBV sal ingryp indien die diere werklik in onaanvaarbare omstandighede aangehou word.
254
Ek glo die bewerings op sosiale media is oordryf, maar ek is steeds bekommerd oor die toestande waarin die diere aangehou word.
255
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal Dinsdag ’n dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te verhoed om ʼn nuwe taalbeleid, wat met Afrikaans as onderrigmedium wegdoen, in te stel.
256
AfriForum se teenkanting teen Unisa se nuwe taalbeleid volg enkele dae nadat die organisasie se vorige regsaksie teen die senaats- en raadsbesluit oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) geslaag het. Nadat AfriForum hom tot die Vrystaatse hooggeregshof gewend het, het die hof Donderdag beslis dat die UV se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde gestel word. Die universiteit het egter Vrydag aangedui dat hy teen die hofuitspraak sal appelleer.
257
AfriForum sal ook die universiteitsenaat en -raad se besluite oor die taalbeleid self met regsaksie probeer omkeer, soos wat in die geval van die UV gebeur het.
258
Noem dit maar op, elke span het sy eie Tom Jenkins: waar jou kragte getap word, waar die manne van die seuns geskei word, wat jy gehaat het en vir wie jy nooit ʼn Kerskaartjie sou stuur nie.
259
Maar wanneer die wedstryd einde se kant toe gestaan het en jy jou tweede asem gekry het, het jy aan jou innerlike Tom Jenkins gedink, die ou wat jou gehelp het om vas te byt en deur te druk.
260
Dis iemand soos hy wat die Springbokke gehelp het om in 1995 in bykomende speeltyd die All Blacks in die Wêreldbeker-eindstryd te troef.
261
Wanneer die Bokke se tonge uitgehang het, het die afrigter Kitch Christie altyd na die moontlikheid van bykomende speeltyd verwys. Dan het hulle vasgebyt, verder gehardloop, nog harder geoefen en die vrugte gepluk.
262
Daar is baie dinge wat mense glo is waar as dit kom by redding. Maar ons leer uit hierdie gedeelte van Jesus se laaste ure dat daar net sekere vereises is om gered te word. Vandag as jy besef jy het n Redder nodig, moet jy kom.
263
Die verloop van die opbrengskoerskromme oor die konjunktuursiklus en die betekenis daarvan vir die befondsing van banke 
264
Deur hierdie basiese riglyne toe te pas en altyd jou beste te lewer, sal jy ver kom. Kort voor lank sal die woord oor jou goeie diens versprei en sal jou kliëntebasis aansienlik groei.
265
Strandfontein se A blok-woonwaplekke is gesluit tot verdere kennisgewing. Die publiek se veiligheid is vir die raad ’n prioriteit...
266
Die ernstige droogte in die Wes-Kaap het Matzikama-munisipaliteit verplig om ’n Droogteverligtingsfonds ter ondersteuning van die landbousektor, te stig....
267
Hierdie jellie is net die ding om te maak – dis so lekker, jy sal al jou mango’s sommer begin ryp wens. As jy nie lemmetjies in die hande kan kry nie, of voel dis te duur, kan jy gewone suurlemoen gebruik.
268
Gooi die mengsel in ’n maatbeker uit – jy het 1 koppie vloeistof nodig. As die pulp ’n bietjie te min is, kan jy dit met ’n bietjie water of ekstra lemoensap aanvul. (Ek verpulp gewoonlik sommer 2 mango’s op ’n slag en gebruik dit wat oorbly, verdun met lemoensap as ’n heerlike verkwikkende drankie.)
269
Dit is ‘n massiewe skande en ‘n aanduiding hoekom dit so sleg gaan in ons land nadat die sogenaamde demokrasie oorgeneem het. Dis ons “nuwe” Suid Afrika, beslis nie ou Suid Afrika nie.
270
@CHRISTA – Nie dat ek sy optrede goedpraat nie, MAAR, as jy gaan visvang, vang jy die vis aan die hoek. Die ander swem vir eers verby. Nadat jy klaar gemaak het met die gevangde vis gooi jy weer lyn in vir die volgende een. Die beste raad is wanneer jy wettiglik afgetrek word, BLY STIL. Jy het dit verdien. Sorg dat jy volgende keer binne die wet is, dan het hy niks op jou nie en dis nie nodig vir jou om te deflekteer nie. Geniet jou dag.
271
’n Internasionale haaisensus word later vandeesmaand gehou, en sal na verwagting sowat drie jaar neem om te voltooi. Die see om suidelike Afrika word as een van die prioriteitsgebiede gelys om aandag te kry, aangesien min data oor die haaibevolking van dié gebied bekend is.
272
Hy het Sondag vir die Blou Bulle as plaasvervanger teen die Sharks Vyftiental opgedraf, twee omkeerballe gewen en het toe ná sowat tien minute sy mediale kruisligament geskeur.
273
Verlede jaar, toe Smit saam met die Springbokspan na Brittanje en Italië getoer het, het hy sy speelkans vir die Bokke teen die Britse Barbarians gekry. Dit was egter nie ʼn toetswedstryd waarin hy sy kleure kon verdien nie, maar hy was gewaarmerk om in die toets teen Engeland te speel.
274
Smit was sedert die tweede week in November verlede jaar langs die kantlyn. Sondag is hy ná sy besering van die bank af “ingefasseer”, maar na die agt maande se aflê gaan hy nou nog tussen ses en agt weke nie kan speel nie.
275
Hy is geopereer, het vir die Blou Bulle in die Supersportreeks gespeel, en is op die bank vir die SA A-span se tweede wedstryd gekies. Daar is egter besluit hy is nog nie heeltemal reg nie en hy is onttrek.
276
♦ Daar is natuurlik talle amper soortgelyke gevalle in Suid-Afrikaanse rugby. Die jongste is dié van Juan de Jongh, wat die Stormers verlede jaar aangevoer het. Hy het nadat hy sy knieligament in Februarie geskeur het, genoegsaam herstel om die SA A-span aan te voer.
277
Saterdag het hy vir die Stormers teen die Cheetahs harsingskudding opgedoen en is nie vir die naweek se wedstryd teen die Sunwolves beskikbaar nie.
278
Ek was opgewonde toe ek Annebelle se rok sien, want net minute vroeër het ek verby 'n boom gestap met die mooiste geel bloeisels en geweet dat ek hulle daar wil afneem.
279
Tydens my besoek aan Parys, Frankryk kon ek vir Morne, Christelle en kleine Jovan Steyn afneem. Dit was lekker om ook hulle herinninge wat hulle nou maak in hul tydjie oorsee te kon vasvang en dit verewig. Ons het in die tuine voor die Louvre hierdie pragtige foto's geneem.
280
Die ontwerp van 'n kursus vir Afrikaans vir spesifieke doeleindes vir eerstejaar-onderwysstudente binne die taakgebaseerde benadering 
281
Hierdie versnit van musiek, digkuns, 'n skeut volkskuns en 'n wyntema is gebottel vir die fynproewer. Daniel Hugo en Etienne van Heerden se bloemlesing, Miskien sal ek die wingerd prys as hoofbron, word aangevul met volkskuns opgeteken deur Pieter Grobbelaar. Hierdie voordrag- en musiekprogram deur akteurs, sangers en 'n pianis beloof om 'n tinteling op die palet te wees.
282
Dis 'n eenmanvertoning oor die reis van grootword en die ontnugtering wat daarmee gepaardgaan. Dis 'n studie oor die emosionele samestelling van 'n familie en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van grootword, word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, ma se grammofoonspeler en Pa se Camel Filters.
283
Ek het Mariette by die Elardus Park tak ontmoet toe julle die ander kantore ingerig het en saam met haar getrek om die rede as jy iets gedoen wil he sy dit onmiddelik doen en afhandel en sy ‘n mens op hoogte hou van jou navrae en goeie raad gee oor die kontrakte en fone.
284
Ons het nog nooit probleme gehad dat ons moes wag of slegte diens ontvang het nie. Ek verneem van ander kantore dat hulle partykeer maar moet sukkel vir diens. Ek kan spog dat ons altyd uitstekende diens ontvang.
285
Dit was dream come true time en ek sou dit noddefok gesien het as dit nie vir tant Mali was nie. Check, Koppi gaan actually meer oor die mense saam met wie jy uithang – daai nuwe tjommas wat jy ontmoed by die bar, daai ou wat jou uit die moshpit opruk wanneer jy so bietjie grond vreet. Jy ken mos daai tjerrie wat keer dat jy nie jou voete faktap in die kampvuur verbrand nie. Dis 'n familie experience of note en ek belowe jou nou daar is min dinge so sexy soos 'n laag stof oor 'n paar pragtige borste nie. Nou check ek klaar daar is mense wat weer teem oor mense wat draks gebruik het en sulke kak. Newsflash moederfokkers: JOU BLOEDJIE DROP ACID, SNUIF CAT EN ROOK BOOM as jy hom by Menlyn Mall aflaai om "movies" saam met sy maatjies te gaan kyk. Real parenting is nie so maklik soos 'n paar grand in sy gatsak te stop nie. Fokkit.
286
In disctrick Mordor het jy nie 'n dop of twee saam die drummer wat jy week na week in Empire check gedrink nie. Jy het ook nie shit by mense gesteel nie en jy het noddefok jouself soos 'n dom doos gedra nie.
287
Die acting is baie solid en die ouens wat die casting gedoen het, het ‘n uitstekende taak verrig. Die akteurs werk goed saam en is perfek vir die onderskeie rolle gekies. As jy ‘n side-by-side vergelyking tref tussen die Runaways comic se cover wat 15 jaar gelede vrygestel (2003) is en die nuwe TV reeks (2017) se poster sal jy presies sien wat ek bedoel:
288
Hierdie lêer kom vanaf Wikimedia Commons en kan ook in ander projekte gebruik word. Die beskrywing op die lêer se inligtingsblad word hieronder weergegee.
289
naamsvermelding – U moet erkenning aan die werk gee op die manier gespesifiseer deur die outeur of lisensiehouer (maar nie op 'n manier wat suggesteer dat hulle u of u gebruik van die werk onderskryf nie).
290
Die lêer bevat aanvullende inligting wat moontlik deur 'n digitale kamera of skandeerder bygevoeg is.
291
As die lêer verander is, sal sekere inligting dalk nie meer ooreenkom met dié van die gewysigde lêer nie.
292
Ons liggame is vir die Here kosbaar en belangrik. Daar is duidelike redes daarvoor. Die eerste rede is dat Hy ons geskape het.
293
Ons moet dit verstaan – God het ons gemaak. Geen mens is deur die duiwel geskape nie. Trouens, Satan kan nie skep nie – hy kan net breek. God is die Groot Maker, Satan is die Groot Breker.
294
Ons liggame is vir God belangrik. Jesus het immers sélf vlees geword. Dink daaraan – daar was die oomblik van sy konsepsie toe die Heilige Gees oor Maria gekom het. Hy was vir 40 weke in Sy moeder. Hy was ‘n babatjie wat aan haar gesoog het en doeke gedra het. Hy was ‘n peuter, ‘n kleuter, ‘n tiener, ‘n jongman, ‘n volwassene. Hy was 100% God, maar tegelykertyd ook 100% mens. Hy het volkome “liggaamlikheid” ervaar – net soos ons, behalwe dat Hy nie gesondig het nie. (Heb. 4:15)
295
Die belangrikheid van ons liggame word verder daardeur bewys dat Jesus se liggaam ook gefolter en gemartel is ter wille van ons, ja, ook vir ons liggame. Onthou jy die woorde van die profeet Jesaja? (53:5): “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”
296
Wanneer jy weer oor jou liggaam dink – goed of sleg – dink daaraan dat Jesus ook ‘n liggaam gehad het en ook ter wille van ons liggame gesterf het. Daarom moet jy goed daarna omsien en kan jy ook bid vir die genesing van jou liggaam.
297
“Ons liggame is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie. Hulle is daar vir die Here, net soos die Here sorg dra vir ons liggame.” (v. 13)
298
“Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam.” (v. 18)
299
Die gedeelte van die pad wat 54km oos van Vivo inmekaar getuimel het. Die padtekens soos gesien in die foto is die enigste aanwysings dat daar ‘n probleem in die padoppervlakte voorkom.