id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
257366
Tamsin Egerton (gebore 26 November 1990) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Keeping Mum (2005), Driving Lessons (2006), Love, Rosie (2014), en The Brothers Grimsby (2016). 2005: Keeping Mum 2006: Driving Lessons 2010: 4.3.2.1. 2013: The Lovers 2013: Grand Piano 2014: Love, Rosie 2016: The Brothers Grimsby Any Girl Who Loves the Beatles Is Bound to Break Your Heart 2002: Sir Gadabout, the Worst Knight in the Land 2011: Camelot 2007: The Abbey 2009: Octavia 2001: Stina Nordenstam: Everyone Else in the World 2006: Keeping Mum: Big Trouble in Little Wallop 2006: Behind the Scenes: Big Trouble in Little Wallop 2006: Keeping Mum: Deleted Scenes 2006: Keeping Mum: Funnies Tamsin Egerton in die Internet-rolprentdatabasis Tamsin Egerton op Twitter Tamsin Egerton op Facebook Tamsin Egerton op Instagram
289077
Olaf Scholz (Duits: [ˈoːlaf ˈʃɔlts], luister (hulp·inligting); gebore op 14 Junie 1958) is 'n Duitse politikus wat sedert 8 Desember 2021 as bondskanselier van Duitsland dien. Voorheen was hy federale minister van finansies en adjunkkanselier onder kanselier Angela Merkel. Hy het van 7 Maart 2011 tot 13 Maart 2018 as eerste burgemeester van Hamburg en waarnemende leier van die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) van 13 Februarie tot 22 April 2018 gedien. Scholz, 'n lid van die Bundestag van 1998 tot 2001 en weer van 2002 tot 2011, was Minister van Binnelandse Sake van Hamburg onder die eerste burgemeester Ortwin Runde van Mei tot Oktober 2001 en hoofsekretaris van sy party onder voorsitter en kanselier Gerhard Schröder van 2002 tot 2004. Hy was 'n federale minister van Arbeid en Maatskaplike Sake in die eerste groot koalisie van Merkel van 2007 tot 2009 en leier van die SPD in Hamburg van 2000 tot 2004 en weer van 2009 tot 2018. Hy het die meeste stemme gekry in die eerste ronde van die SPD-leierverkiesing in 2019. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Olaf Scholz.
110166
Arthur is 'n algemene manlike voornaam. In ou verhale was dit ook die naam van 'n legendariese Britse koning. Art en Artie is verkleinde vorms hiervan. Artur (sonder die 'h') is 'n algemene spelvariant wat in talle Slawiese, Romaanse, en Germaanse tale gebruik word. Die oorsprong en die betekenis van die naam is onseker. Die naam word wel in verband gebring met die Keltiese 'beer', die Walliese 'held', die Oudnoorse 'arend' en met die Romeinse gensnaam (geslagsnaam) Artorius. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 Verklaring naam Arthur, Nederlandse voornamenbank, Meertens Instituut.
123807
Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, sal tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied word. Dit sal die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Parys die spele organiseer na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee sal Parys naas Londen die tweede stad word, wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 sal die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar wees. Die opening- en sluitingseremonies sal in die Stade de France in Parys plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal. Die Paralimpiese Somerspele 2024 sal tussen 4 en 15 September in Parys gehou word.
73349
Binzhou (Chinees: 滨州) is 'n stad in die Chinese provinsie Sjandong met 'n bevolking van 3 661 500 in 2004. Die stad is in die ooste van China, suid van Beijing en Tianjin aan die Geelrivier geleë. Binzhou grens in die suidweste aan Jinan, in die weste aan Dezhou, in die suide aan Zibo en in die ooste aan Dongying. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
133547
Eksters is voëls van die kraaifamilie, Corvidae. Dit sluit die swart-en-wit Europese ekster in wat algemeen beskou word as een van die slimste diere in die wêreld en een van die enigstes buiten soogdiere wat hulself in ’n spieël kan herken. Benewens lede van die genus Pica, word kraaiagtiges in die genus Cissa ook as eksters beskou. Die genus Pica word gewoonlik in gematigde temperatuurstreke van Europa, Asië en westelike Noord-Amerika aangetref, met nog bevolkings in Tibet en hoë dele van Indië en Pakistan. Eksters van die genus Cyanopica kom in Oos-Asië en die Iberiese Skiereiland voor. Volgens sommige studies vorm eksters nie die monofiletiese groep wat meestal gedink word nie – ’n lang stert het onafhanklik in verskeie lyne van die kraaifamilie langer (of korter) geword. Onder die tradisionele eksters is daar twee aparte lyne. Een bevat die swart-en-wit holarktiese spesies (uit die noordelike deel van die arktiese streke) wat moontlik na verwant is aan kraaie en Europsese gaaie. Die ander lyn bevat verskeie spesies van Suid- tot Oos-Asië met helder kleure, hoofsaaklik groen en blou.
39115
Riaan Cruywagen (* 5 Oktober 1945) is ’n Suid-Afrikaanse televisienuusleser en stemkunstenaar wat sedert 1975 by die SAUK en hul eerste televisie-uitsendings betrokke was. Cruywagen het oor sy loopbaan meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen. Sy finale uitsending op SABC2 was die aand van 26 November 2012. Cruywagen wou aanvanklik ’n vlieënier van passasiersvliegtuie word. Hy begin egter sy loopbaan in 1965 as ’n joernalis waarna hy deeltyds by die SAUK in Kaapstad werk terwyl hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. In 1975 was hy ’n TV-nuusregisseur en moes op 26 November 1975 om 20:00 onbepland en onverwags as ’n nuusleser instaan. Die eerste storie wat hy die aand gelees het was oor die vonnisoplegging van Breyten Breytenbach tot nege jaar tronkstraf. In Junie 2003, na openbare ontstokenheid oor berigte dat Cruywagen se kontrak by die SAUK nie hernieu sou word nie, is ’n skikking tussen die SAUK en UASA (United Association of South Africa) bereik. Sy kontrak is hernieu, en dit is aangekondig dat hy vir ’n tydperk met sy pligte sou voortgaan.
13645
Hierdie artikel handel om die voertuig. Vir die plant, sien Vuurpyl (plant). 'n Vuurpyl is 'n voertuig, missiel of vliegtuig wat aangedryf word deur die uitspuiting van snelbewegende uitlaatgasse van die binnekant van 'n vuurpylenjin. Die uitlaatgas kom van 'n dryfmiddel. Daar is baie verskillende tipes vuurpyle. Die vuurpyle verskil in grootte – dit kan wissel van 'n modelvuurpyl vir kinders tot die enorme Saturn V wat vir die Apollo-program gebruik is. Die meeste vuurpyle word chemies aangedryf deur middel van 'n binnebrandenjin. Die dryfmiddel kan 'n vaste stof, vloeistof, of 'n mengsel van die twee wees. Sommige vuurpyle verkry hulle aandrywingsenergie van ander bronne as chemies, byvoorbeeld stoomvuurpyle wat superverhitte water in snelbewegende stoom omskep en die vuurpyl voortdryf. Sulke vuurpyle maak gebruik van buitebrandenjins. Die Chinese is eeue lank bekend vir hul vuurwerkvertonings, maar reeds in 1231 het hulle vuurpyle as militêre wapens gebruik om die stad Kaifeng teen die Mongole te verdedig. In die daaropvolgende paar eeue het die Mongole, die Arabiere en die Europeërs van vuurpyle vir die oorlog gebruik gemaak.
5446
'n Parkade (ook bekend as 'n parkeergarage) is 'n gebou of gedeelte van 'n gebou wat parkeerplek aan motors verskaf. Die eerste publieke parkeergarage in die VSA is op Mei 24, 1899 geopen in die stad Boston, Massachusetts. Die konsep is oorspronklik daarop gerig om publieke motorvoertuigverkeer te konsentreer na sentrale gebiede in stedelike sentra. Parkeerplek langs strate in die sentrale sakegebied van groter dorpe en veral, stede, het met die toename in motorvoertuigverkeer mettertyd te min geraak. Plaaslike owerhede moes 'n plan bedink om verkeer doelmatig in sentrale sakegebiede te huisves. Die parkeergarage word ondergronds of bogronds opgerig, of in kombinasie bo- of ondergronds. Die multivlakstruktuur van versterkte betonblaaie wat op pilare rus, is onderworpe aan streng ontwerpvereistes, omdat ontsaglike massas (voertuie) deur die verskillende vlakke gedra moet word. Uitgang vir passassiers word verleen deur loopgange, hysers en trappe wat skakel met aangrensende kantoorblokke of winkelsentra, of wat bloot net op straatvlak uitmond in die voetgangerverkeer op sypaadjies. Met die koms van moderne sakesentra, waar verskeie spesialiteitswinkels gekonsentreer word in 'n een-stop inkopiesentrum, is die voorsiening van parkering van primêre belang.
217926
Abby Brammell (gebore 19 Maart 1979) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Jobs (2013) en in die televisiereekse CSI: Crime Scene Investigation (2000), Star Trek: Enterprise (2001), en The Unit (2006). 2013: Jobs 2000: CSI: Crime Scene Investigation 2001: Star Trek: Enterprise 2006: The Unit 2012: Blind Justice 3D 2004: Revenge of the Middle-Aged Woman 2012: Playdate Abby Brammell in die Internet-rolprentdatabasis
221137
Vanessa Lee Evigan (gebore 18 Maart 1981) is 'n Amerikaanse aktrise en kostuumontwerper. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente In My Sleep (2010) en Sand Sharks (2012), en in die televisiereekse Social Studies (1997) en In Plain Sight (2008). 2009: Project Solitude 2010: In My Sleep 2012: Sand Sharks 1993: Against the Grain 1997: Social Studies 2008: In Plain Sight 2012: Underbelly 2016: I Know Where Lizzie Is 2017: Born and Missing 2000: Whatever It Takes: Making-Of Featurette Vanessa Lee Evigan in die Internet-rolprentdatabasis
298809
Lizzie Brocheré (gebore 22 Maart 1985) is 'n Franse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Full Contact (2015) en Rings (2017), en in die televisiereekse American Horror Story (2011) en The Strain (2014). 2006: One to Another 2008: The Wedding Song 2009: Do Me Love 2011: American Translation 2011: After Fall, Winter 2015: Full Contact 2015: The Magic Mountain 2017: Rings 2018: Vaurien 2019: Marona's Fantastic Tale The Dream of the Guest 2002: Alex Santana, négociateur 2010: The King, the Squirrel and the Grass Snake 2011: American Horror Story 2014: The Strain 2016: Falling Water 2019: The Montes Method 2001: Margaux Valence: Le secret d'Alice 2002: Another Woman 2006: Avec le temps... 2007: Graduate at 70! 2011: I Love Périgord 2011: Ni vu, ni connu 2012: Un petit bout de France 2009: Linear Lizzie Brocheré in die Internet-rolprentdatabasis
372289
Watsonia marginata is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en is deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1557-47 http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:441952-1
13243
Die berghaan (Terathopius ecaudatus) is 'n medium-grootte arend in die voëlfamilie Accipitridae. Dit is die enigste lid van die genus Terathopius en moontlik die oorsprong van die "Zimbabwe-voël", die nasionale embleem van Zimbabwe. Die berghaan is 'n kleurvolle spesie met 'n baie kort stert (ecaudatus is Latyn vir stertloos) wat die voël onmiskenbaar maak tydens vlug. Die volwasse mannetjie is 60 tot 75 cm lank met 'n 175 cm vlerkspan. Hy het swart vere behalwe vir sy bruin mantel en stert, grys skouers en rooi gesigsvel, bek en bene. Die wyfie is soortgelyk aan die mannetjie, maar waar die mannetjie swart vere het, is die wyfie s'n grys. Jong voëls is bruin met wit spikkels en het 'n groen-grys gesigsvel. Dit neem sewe tot agt jaar vir 'n berghaan om volwassenheid te bereik. Die berghaan is 'n algemene bewoner van die savanne-grasvelde in sub-Sahara Afrika. Die voël bou sy nes in hoë bome. Die wyfie lê 'n enkele eier wat sy dan bebroei vir 42 tot 43 dae.
377812
Die Toepolef Tu-154 (Russies: Tyполев Ту-154; NAVO verslagnaam: "Careless") is 'n driemotorige mediumafstand-smalromp-passasiersvliegtuig wat in die 1960's ontwerp en deur Toepolef vervaardig is. Dit was vir 'n paar dekades 'n werkesel van die Sowjet- en later Russiese lugdienste, en het die helfte van al Aeroflot en sy filiale se passasiers vervoer, (137,5 miljoen per jaar of 243,8 miljard passasiers km in 1990). Dit bly die standaardvliegtuig op binnelandse roetes in Rusland en die voormalige Sowjetstate tot die middel 2000's. Dit is na 17 nie-Russiese lugdienste uitgevoer, en is as 'n vervoermiddel vir staatshoofde deur die lugmagte van verskeie lande gebruik. Die vliegtuig het 'n kruisspoed van 850 km/h en 'n reikafstand van 5 280 km. Dit is in staat om vanaf ongeplaveide en gruisvliegvelde met slegs basiese fasiliteite te funksioneer, en is wyd gebruik in die uiterste Arktiese toestande in die noordelike/oostelike streke van Rusland waar ander vliegtuie nie in staat was om te werk nie.
243068
Marit Elisabeth Larsen (* 1 Julie 1983, Lørenskog, Noorweë) is 'n Noorse sanger, liedjieskrywer en musikant. In haar jeug speel Larsen in die Noorse band M2M, saam met haar jeugvriendin en woonstelmaat Marion Raven. Na 'n suksesvolle wêreldtoer, twee albums en singles as Donot Say You Love Me, Mirror Mirror en Everything, gaan M2M in September 2002 uit mekaar. M2M was van die maatskappy Atlantic Rekords. Nadat M2M uitmekaar geval het, begin Marion Raven 'n sololoopbaan. Larsen neem 'n paar jaar rus, om vervolgens in 2005 ook met 'n sololoopbaan te begin. In die noordelike herfs van 2005 begin hulle om haar debuutalbum Under the Surface by die maatskappy EMI op te neem. Die eerste enkelsnit Donot Save Me betree in Februarie 2006 die Noorse trefferlyste en het gou die top 10 bereik. In die tweede week staan die treffer al op nommer 1. http://www.maniadb.com/artist/126382 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
46
Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel. Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte"). Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste. In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.
45920
’n Karavanserai of khan (Persies: كاروانسرا kārvānsarā; Turks: kervansaray) was ’n (meestal Persies-geïnspireerde) herberg langs die pad waar reisigers kon rus ná die dag se reis. Karavanserais het die vloei van handel, inligting en mense aan die handelsroetes van Sentraal-Asië, Noord-Afrika en Suidoos-Europa aangehelp. Die meeste karavanserais was geboue omring deur ’n vierkantige of reghoekige muur met ’n groot genoeg poort sodat groot, swaargelaaide diere soos kamele daardeur kon gaan. Die binnehof was feitlik altyd oop bo en al met die mure langs was kiosks, inhamme en kamers waar handelaars, slawe en diere kon oornag en handelsware gestoor kon word. In die karavanserais was daar water vir mense en diere, asook geriewe vir was en rituele. Daar was voer vir die diere en winkels waar reisigers hul voorrade kon aanvul of van hul ware verhandel. Die Persiese woord is ’n samestelling van kārvān (reisiger-karavaan) en sara (paleis, gebou met binnehowe). Dit was ook bekend as ’n khan (Persies: خان,; Turks: han), funduq (in Arabies) of fundaco (in Venesië).
51758
Karel I uit die dinastie Habsburg, volle naam Karl I Franz Joseph Ludwig Hubert Georg Maria, (* 17 Augustus 1887 in Neder-Oostenryk, Oostenryk; † 1 April 1922 in Funchal, Madeiraeilande, Portugal) het tussen 1916 en 1918 as laaste keiser van Oostenryk-Hongarye geregeer. Karel I was die kleinseun van Karel Lodewyk en die seun van Otto Frans Josef. By sy kroning in 1916 was Oostenryk-Hongarye sedert 1914 in die Eerste Wêreldoorlog met die Duitse Keiserryk, die Koninkryk van Bulgarye en die Ottomaanse Ryk teen Frankryk, die Russiese Ryk, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Ná die oorwinning deur die Geallieerdes in die Eerste Wêreldoorlog het hy op 11 November 1918 die vrywillige uittrede as heerser en dié van sy seun as troonopvolger aangekondig. Karel I het Oostenryk via Switserland, Hongarye, die Swartsee en Gibraltar verlaat vir Madeira. Hier het hy tot en met sy afsterwe in 1922 in Funchal gewoon. Op 3 Oktober 2004 het pous Johannes Paulus II Karel I as eerwaardig in die Rooms-Katolieke Kerk verklaar.
87567
Mossel is 'n algemene naam wat gebruik word vir lede van verskeie families van gapermossels of Bivalvia Mollusca van soutwater- en varswaterhabitats. Hierdie groepe het in gemeen 'n dop wat se vorm verleng en asimmetries is in vergelyking met ander eetbare mossels, wat dikwels min of meer afgerond of ovaal is. Die woord "mossel" word mees algemeen gebruik om die eetbare tweekleppiges van die seefamilie Mytilidae aan te dui, waarvan die meeste op blootgestelde kus in die intergetysone lewe, aan 'n ferm substraat geheg deur middel van hul sterk fyndrade ("baard"). 'n Paar spesies (in die genus Bathymodiolus) het gekoloniseer in hidrotermale bronne wat verband hou met die diep oseaanrante. By die meeste mariene mossels is die dop langer as wat dit breed is, asook wigvormig of asimmetries. Die eksterne kleur van die dop is dikwels donkerblou, swarterig, of bruin, terwyl die binneland s'n silwerig is. Die algemene naam "mossel" word ook gebruik vir baie varswater-tweekleppiges, insluitend die varswater pêrelmossels.
15261
Die OSI-model (Open Systems Interconnection) is 'n verwysingsmodel wat 'n abstrakte beskrywing vir kommunikasie en ontwerp vir rekenaarnetwerkprotokol daarstel as deel van die Open Systems Interconnection inisiatief. Die OSI-model verdeel die funksies van 'n protokol in 'n reeks lae. Elke laag het die eienskap dat dit slegs gebruik maak van die funksies van die lae daarbenede en voer slegs funksionaliteit uit na lae daarbo. 'n Stelsel wat protokolgedrag implementeer wat bestaan uit 'n reeks van hierdie lae staan bekend as 'n protokolstapel (en: protocol stack). Protokolstapels kan óf in hardeware óf in programmatuur geïmplementeer word, óf 'n mengsel van beide. Tipies word slegs die onderste lae in hardeware geïmplementeer met die boonste lae wat in sagteware geïmplementeer word. Die rekenaar- en netwerkbedrywe voldoen grootliks aan die OSI-model. Die hoofeienskap is die koppelvlak tussen die lae wat die spesifikasies dikteer van hoe 'n laag met 'n ander saamwerk. Dit bring mee dat 'n laag wat deur een vervaardiger geskryf is saam met 'n laag wat deur 'n ander geskryf is kan saamwerk (met die aanname dat die spesifikasies korrek vertolk is).
28694
Kioto (京都市, Kyōto-shi?) luister (hulp·inligting) is 'n stad in die sentrale deel van Honsjoe, Japan en het 'n bevolking van byna 1,5 miljoen. Die stad was voorheen die land se keiserlike hoofstad en is tans die hoofstad van die Kioto Prefektuur. Dit vorm 'n belangrike deel van die Osaka-Kobe-Kioto-metropolitaanse gebied. 14 tempel en Sjinto-heiligdomme is saam met drie andere in die omliggende stede Uji en Ōtsu in 1994 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kioto. (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy
119894
Kösem Sultan, ook bekend as Mahpeyker Sultan (1589 – 2 September 1651) was een van die magtigste vroue in die Ottomaanse geskiedenis. Toe Kösem die vrou van Sultan Ahmet I geword het, het sy as Haseki Sultan (Imperiale gade) mag en invloed binne die politiek van die Ottomaanse Ryk behaal. Sy was ook die Valide Sultan (Imperiale moeder) onder die Sultans Murat IV en Ibrahim. Sy was ook die grootmoeder van Sultan Mehmet IV. Kösem het van 10 September 1623 tot 18 Mei 1632, tydens die nuwe regering van haar minderjarige seun Murat IV, as die amptelike regeerder van die Ottomanse ryk gedien. Kösem was van Griekse afkoms. Haar vader was 'n priester op die eiland Tinos, daar word gespekuleer dat haar nooiensnaam Anastasia was. Sy is deur die Bosniese goewerneur as 'n slaaf gekoop, en op die ouderdom van vyftien is sy na die harem van Sultan Ahmet I gestuur. Na haar bekering tot Islam het sy haar naam na Mahpeyker verander. Later het Ahmet I haar naam na Kösem verander. Tezcan 2007, p. 350-351. Singh, Nagendra Kr (2000).
374433
Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, verteenwoordig Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket. Die span word deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) bestuur en het in 1973 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken. In Maart 2018 het Papoea-Nieu-Guinee beide sy EDI- en T20I-status verloor, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul teenstander op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het. Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin. Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Pasifiek-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Pasifiese Spele se kriekettoernooi. Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem.
275047
Tawan Vihokratana (gebore 20 Julie 1991) is 'n Thaise akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Secret Seven (2017) en Kiss Me Again (2018). 2017: Secret Seven 2018: Kiss Me Again Tawan Vihokratana in die Internet-rolprentdatabasis Tawan Vihokratana op Twitter Tawan Vihokratana op Facebook Tawan Vihokratana op Instagram
31147
Guatemala (Spaans: [gwateˈmala], luister (hulp·inligting)), amptelik die Republiek Guatemala (Spaans: República de Guatemala, [reˈpuβlika ðe ɣwateˈmala]), is 'n land in Sentraal-Amerika. Aangrensend is Meksiko aan die noordweste, die Stille Oseaan aan die suidweste, Belize en die Karibiese See aan die noordooste, en Honduras en El Salvador aan die suidooste. Die hoofstad en grootste stad is Guatemala-stad. Guatemala se oorvloed aan biologies-beduidende en unieke ekosisteme het bydra tot Meso-Amerika se benaming as 'n biodiversiteitbrandkroes. Guatemala, met 'n oppervlakte van 108 889 km², is een van die onontwikkeldste lande in Sentraal-Amerika. Die naam van die hoofstad is ook Guatemala en die amptelike taal is Spaans. Guatemala eis die suidelike gedeelte van Belize op. Die belangrikste sektore van die ekonomie is in buitelandse hande en die landbou, die belangrikste bestaansaktiwiteit van die meeste mense, word deur 'n groep grootgrondbesitters beheer. Die belangrikste uitvoergewasse is piesangs, koffie en katoen. Mynbou, wat heelwat potensiaal inhou omdat daar talle delfstowwe is, asook bosbou is nog swak ontwikkel.
214590
Nick Stahl is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en kinematograaf. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Man Without a Face (1993), In the Bedroom (2001), Terminator 3: Rise of the Machines (2003), en Sin City (2005). 1993: The Man Without a Face 1994: Safe Passage 1995: Tall Tale 1997: Eye of God 1998: Disturbing Behavior 2000: Sunset Strip 2001: In the Bedroom 2001: The Sleepy Time Gal 2001: Bully 2002: Taboo 2003: Terminator 3: Rise of the Machines 2003: Bookies 2003: Twist 2005: Sin City 2006: The Night of the White Pants 2007: How to Rob a Bank (and 10 Tips to Actually Get Away with It) 2008: Quid Pro Quo 2008: Sleepwalking 2010: Kalamity 2010: Meskada 2010: Dead Awake 2011: The Speed of Thought 2011: On the Inside 2011: Afghan Luke 2011: 388 Arletta Avenue 2014: Away from Here 2018: Love in Vein 2018: Idiot Savant: The Savage Life of Ryan Leone 2019: The Haunting of Nicole Brown Simpson American Dream 1999: Seasons of Love 2012: Oh-My-Gleed! 1994: Incident in a Small Town 1995: Blue River 1996: My Son Is Innocent 2002: Wasted 2001: Bully: Cast Interviews 2003: T3 Visual Effects Lab 2003: Terminator 3: Sky Net Database 2003: T3: Dressed to Kill 2003: T3: Making of the Video Game 2003: Bully: On Location 2006: Magic and Myth: The Meaning of 'Carnivàle' 2008: Terminator 3: TerminatorVision 2010: Mirrors 2 2010: Keeping It Real: The Visual and Special Effects of Mirrors 2 2010: The Other Side: Making of Mirrors 2 Nick Stahl in die Internet-rolprentdatabasis
373388
Adi Parashakti (Sanskrit: आदि पराशक्ति, Ādi Parāśakti) is ’n term wat beteken oerenergie of oerkrag en dui op die opperste godin of goddelike moeder in Hindoeïsme. Daar word ook na die godin verwys as "Parama Shakti", "Adi Shakti", "Mahashakti" of net "Shakti". Shaktas glo Adi Parashakti is die opperwese, wat geopenbaar word as die driedubbele godin Saraswati, Lakshmi en Parvati. In Shaivisme word Parvati as haar primêre vorm beskou en in Vaishnavisme Lakshmi of Radha. Adi Parashakti beteken "eerste opperste energie". आदि ādi beteken letterlik "begin". Shakti verwys na ’n krag wat bo die fisiese heelal verhewe is; die term self kom van die wortel शक् śak, "in staat wees". Buiten in die Shakta Puranas word die godin nooit "Adi Shakti" genoem nie. Geskrifte soos die Vedas praat van donker energie wat die hele heelal mettertyd ontbind. Baie geleerdes vergelyk die begrip Adi Shakti met die moderne ontdekkings donker energie, vakuumenergie en zero energie in wetenskap. Shakti Sitaramiah, Pavani (1993). Sri Kalahasti Easwara Mahima.
121933
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër (Japannees: 帝国陸軍航空隊, Teikoku Rikugun Kōkūtai) was tot 1945 die lugmag van die destydse Japannese Leër. Die Japannese Keiserryk het geen aparte of onafhanklike lugmag gehad nie. Sowel die Japannese Keiserlike Leër as die Japannese Keiserlike Vloot het oor hul eie lugmagkomponent beskik. Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër het hoofsaaklik taktiese lugsteun verleen. Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Vloot was verantwoordelik vir strategiese bombardemente en nasionale lugverdediging. Die Lugmag van die Leër was onderverdeel in 5 lugleërs (koku-gun), wat elk verantwoordelik was vir 'n bepaalde streek. In 1940 het die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër bestaan uit: 33 000 personeel Meer as 1 600 vliegtuie (waaronder 1 375 vegvliegtuie) Dié was onderverdeel in 85 lugkompanjies: 36 kompanjies vegvliegtuie, 28 kompanjies ligte bomwerpers en 22 kompanjies middelswaarbomwerpers.
240348
Mason Reese (gebore 11 April 1965) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Amygdala en in die televisiereeks The David Steinberg Show (1972). Amygdala 1972: The David Steinberg Show 1977: Mason 2017: Life Interrupted Mason Reese in die Internet-rolprentdatabasis
392
1 April is die 91ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (92ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die tweede kwartaal van die jaar. Daar volg nog 274 dae in die res van die jaar. Die dag staan ook as gekkedag bekend omdat mense graag op die dag poetse bak en met mekaar die gek skeer. Die dag se nuusgebeure moet eers noukeurig geverifieer word alvorens dit op Wikipedia ingevoer word. 527 – Die Bisantynse keiser Justinus I wys sy neef Justinianus I aan as medeleier en opvolger. 1517 – Pous Leo X stel Antoine Bohier du Prat, aartsbiskop van Bourges en Guillaume III de Croy, biskop van Cambrai aan as kardinale. 1572 – Den Briel (Brielle) in Nederland word deur die 'Watergeuzen' ingeneem. Begin van die opstand teen Spanje. 1605 – Pous Leo XI (Alessandro Ottaviano de' Medici) volg Pous Clemens VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1636 – 6000 troepe van Bern verower die Waadt/Vaud om die stad Lausanne van Savoye.
220652
Tanya Chisholm (gebore 1 Julie 1983) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Fired Up! (2009) en in die televisiereekse Cold Case (2003) en Big Time Rush (2009). 2009: Fired Up! 2015: Confessions of a Prodigal Son The Nite Spot 2003: Cold Case 2009: Big Time Rush 2015: Webovision: The Tom Green Show 2016: Bellman Chronicles: Hollywood The Josh Moore Show 2010: 7 Secrets: Big Time Rush 2016: Diagnosis Delicious 2007: HSM2: Rehearsal Cam 2008: Cory in the House: Newt & Improved Edition Tanya Chisholm in die Internet-rolprentdatabasis
214316
Fred Savage (gebore 9 Julie 1976) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse The Wonder Years (1988), Party Down (2009), The Grinder (2015), en Friends from College (2017). 1986: The Boy Who Could Fly 1988: Vice Versa 1989: Little Monsters 1989: The Wizard 2004: The Last Run 2007: Daddy Day Camp 1987: Animal Crack-Ups 1988: The Wonder Years 1997: Working 2001: Oswald 2006: Crumbs 2009: Party Down 2010: Generator Rex 2011: Riding Shotgun with Adam Pally 2015: The Grinder 2017: Friends from College 2018: Child Support 1987: Convicted: A Mother's Story 1988: Run Till You Fall 1990: When You Remember Me 1991: Christmas on Division Street 1996: No One Would Tell 1996: How Do You Spell God? 2001: Area 52 2002: TVography: The Wonder Years - Comedy Coming of Age 2005: Stephen's Life 2009: Single White Millionaire 2010: Everyday Kid 2010: Tax Man 2012: Untitled Martin Lawrence Project 2013: Jacked Up 2017: Untitled Kourtney Kang Project 1987: Dinosaurs! 2006: Holidaze: The Christmas That Almost Didnot Happen 2007: Danny DeVito & the Contract 2007: The Princess Bride: The Untold Tales 2008: It's Always Sunny in Philadelphia Season 3: Dancing Guy Fred Savage in die Internet-rolprentdatabasis
372903
Stellantis is 'n multinasionale motorgroep wat op 16 Januarie 2021 gestig is as gevolg van die samesmelting van die PSA-groep en Fiat Chrysler Automobiles. Die geregistreerde kantoor is in Amsterdam en die regsvorm is dus onderhewig aan die Nederlandse sakereg. Die Stellantis-groep bedryf en bemark veertien motorhandelsmerke, waaronder vyf van die PSA-groep (Citroën, DS Automobiles, Opel, Peugeot en Vauxhall) en nege van FCA (Abarth, Alfa Romeo, Chrysler, Dodge, Fiat, Jeep, Lancia, Maserati en RAM). (fr) Le groupe issu de la fusion PSA/Fiat Chrysler s'appellera Stellantis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stellantis. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
135743
Viktor Mihály Orbán (Hongaars: [ˈviktor ˈorbaːn]; gebore 31 Mei 1963) is 'n Hongaarse politikus en juris. Hy dien sedert 2010 as die eerste minister van Hongarye. Hy het hierdie amp ook van 1998 tot 2002 bekleë. Hy was van 1993 tot 2000 en is sedert 2003 die leier van die nasionaalkonserwatiewe Fidesz-party. Op 19 November 2016 het hy István Bethlen as die langsdienende eerste minister in Hongaarse geskiedenis verbygesteek.
47755
Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies (afgekort UEFA vir Union of European Football Associations in Engels; Frans: Union des Associations Européennes de Football; Duits: Vereinigung Europäischer Fußballverbände) is die beheerliggaam vir sokker tussen Europese sokkerspanne. UEFA is een van die ses kontinentale organisasies van FIFA. UEFA is op 15 Junie 1954 in Basel, Switserland, gestig. Die organisasie se hoofkwartier is tot en met 1959 in Parys gehuisves, waarna dit na Bern skuif. Sedert 1995 is die UEFA in Nyon, Switserland, gesetel. Die amptelike tale is Duits, Engels en Frans en sedert 2016 is Aleksander Čeferin die president van die UEFA. Van al die kontinentale organisasies is UEFA die sterkste in terme van geld en invloed. Byna alle top-sokkerspelers ter wêreld speel in een of ander Europese kompetisie vanweë die hoë salarisse wat die ryk sokkerlande soos Duitsland, Engeland, Italië en Spanje betaal. Baie van die sterker sokkerlande is ook in Europa geleë. Van die 32 spanne wat aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem het, kom 13 uit Europa. UEFA se voorsitters sedert 1954: * = neem voorlopig waar.
107258
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Skots-Gaelies. Die Skotte (Engels: Scots of Scottish people, Skots: Scots Fowk, Skots-Gaelies: Albannaich) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Skotland en die omliggende eilande. Histories gesien het hulle ontstaan uit 'n samesmelting van twee groepe — die Pikte en die Gaele — wat in die 9de eeu die Koninkryk van Skotland (of Alba) gestig het en vermoedelik in etnotaalkundige opsig Kelte was. Later is die naburige Kumbriese Britone, wat ook 'n Keltiese taal gepraat het, asook die Germaanstalige Anglo-Sakse en Noormanne, in die Skotse nasie integreer. In moderne opsig word die terme "Skotse mense" of "Skotte" gebruik om na iemand te verwys wat in taalkundige, kulturele, voorvaderlike of genetiese opsig van Skotse afkoms is. Die Latynse word Scotti het oorspronklik na die Gaele verwys maar word nou gebruik om na al die inwoners van Skotland te verwys. Hoewel dit soms as argaïes of ongunstig beskou word, word die term Scotch ook gebruik om na die Skotse mense te verwys, maar dit is hede hoofsaaklik buite Skotland gebruiklik.
111789
Albertus Magnus (ook Albertus die Grote of Albert von Lauingen genoem; Lauingen (Donau), Swabië, ca. 1200 – Keulen, 15 November 1280) was 'n Duitse filosoof en teoloog en is 'n heilige. Albertus Magnus word Doctor Universalis genoem as erkenning vir sy omvangryke kennis op verskeie wetenskapsgebiede. Albertus word voor 1200 in Lauingen gebore as die oudste seun van Markward von Lauingen, wie moontlik lid was van die laer diensadel van Hohenstaufen. Oor Albertus se vroegste jeug is nie veel bekend nie. Hy gaan na die universiteit van Padua om die vrye kunste te bestudeer. Hy word hier in 1223 lid van die Dominikaanse Orde, nadat hy beïndruk word deur die preke van Jordanus van Saksen, die opvolger van die stigter van die orde (Dominicus Guzman). Hy studeer teologie in Padua en in Bologna en vanaf 1228 gee hy in die kloosters te Regensburg, Freiburg im Breisgau, Straatsburg, Hildesheim en Keulen klas in die teologie. Die gemeente van Keulen stuur Albertus in 1243 tot 1244 na Parys, waar hy kennismaak met die gedagtegoed van Aristoteles en Averroes.
5658
Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande. Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.
27501
Die Kh-25 is 'n Russies vervaardigde geleide lug-tot-grond missiel wat soos die meeste Russiese wapentuig, op byna alle Russiese vervaardigde aanvalsvliegtuie gebruik kan word. Die Kh-25 is ontwikkel deur Zvezda-Strela, en is in diens gestel om as plaasvervanger van die vroeëre Kh-23 missiel. Alle variante gebruik die Kh-25 missiellugraam maar het verskillende geleidingsstelsels. Die 'M'-variant (Russies: Modulnaya / Afrikaans: Modulêr) word die meeste ontplooi. Die Kh-25 bestaan uit die volgende variante; Kh-25MP anti-radar stasie (Anti-lugafweer missiel), selfstandig geleid. Kh-25MR het radio-beheerde geleiding. Kh-25ML is toegerus met semi-akiewe laser geleiding Kh-25MLT is hitte geleid Alle missiele word deur NAVO as die AS-10 Karen geklassifiseer, behalwe die Kh-25MP wat as die AS-12 Kegler bekendstaan. Die Kh-25ML is geskik om gepanserde en/of bewegende teikens soos gepanserde voertuie (byvoorbeeld tenks, vaartuie, klein bruê, vliegtuie op die grond, of artilleriestellings uit te skakel. Die missiel is geskik vir dag-/nag gebruik maar wel tydens goeie weersomstandighede. Die missiel het 'n rigtingroer met vlerke wat in 'n kruisvorm agter op die missiel gemonteer is.
109365
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sweeds. Die Swede (Sweeds: svenskar) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Swede wat 'n gemeenskaplike Sweedse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Sweeds as moedertaal praat. Alternatiewelik is Swede diegene wat in Swede woon of in Swede gebore is. Swede vorm die titulêre nasie van die Swede, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak. Behalwe vir Swede kom Sweedse minderhede nog in Europese lande soos Finland voor. Wêreldwyd leef sowat 12,8 miljoen Swede, waarvan sowat 7,6 miljoen in Swede, omtrent 4 miljoen in die Verenigde State en 280 000 in Finland. Daarbenewens het Swede nog in lande soos Kanada (334 765), Argentinië (200 000), Australië (30 375) en Nieu-Seeland (1 257) gevestig. "Foreign background include foreign-born and Swedish-born with two foreign-born parents" (in Sweeds). Scb.se. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2013. Besoek op 22 September 2012. (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012.
13266
Die Kawango's is naverwant aan die Wambo's en tel sowat 120 000, die grootste volk in Namibië na die Wambo's. Soos laasgenoemde kom hulle van die groot mere in Oos-Afrika, vanwaar hulle in 'n suidwestelike rigting getrek en hulle in die teenswoordige Angola gaan vestig het. Tussen die jare 1750 en 1800 het hulle na Kawango, suid van die Kavangorivier, of soos dit ook bekend staan Okavangorivier, getrek. In dieselfde tydperk het vier stamme, die Kwangali, Mboenza, Sambijoe en Gcirikoe van die res afgestig. Die Mboekoesjoe was reeds nie meer deel van die ander groepe nie. Van die vier dialekte wat in die Kawango-streek gepraat word, is Kwangali die een met die meeste moedertaalsprekers. Die Kawango's is tot 'n groot mate riviergebonde. Die meeste van hulle woon lang die Kawango-rivier waar hulle visvang, hul landerye bewerk en beeste aanhou. Elke stam het sy eie tradisionele stamkaptein, wat as 'n hompa bekend staan. Die leierskap word matrilineêr oorgedra, oftewel aan 'n erfgenaam aan die moederskant. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
328822
Aseksualiteit is die gebrek aan seksuele aantrekking tot ander of aan belangstelling in seks. Dit kan ook wyer gekategoriseer word om ’n breë spektrum aseksuele subidentiteite in te sluit. Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding en selibaat, wat op gedrag betrekking het en gewoonlik gemotiveer word deur faktore soos persoonlike, sosiale of godsdienstige oortuigings. Seksuele oriëntasie word as blywend beskou, anders as seksuele gedrag. Sommige aseksuele mense het wel seks, ondanks ’n gebrek aan seksuele belangstelling of begeerte, om verskeie redes soos om ander te plesier of kinders te hê. Aanvaarding van aseksualiteit as ’n seksuele oriëntasie en wetenskaplike navorsing daaroor is steeds relatief nuut. Al hoe meer sosiologiese en sielkundige navorsing word daaroor gedoen. Terwyl sommige navorsers glo aseksualiteit is ’n seksuele oriëntasie, stem ander nie saam nie. Verskeie aseksuele gemeenskappe het ontstaan ná die uitvinding van die internet en sosiale media. Die bekendste is die Asexual Visibility and Education Network, wat in 2001 gestig is. Chasin, CJ DeLuzio (2013). "Reconsidering Asexuality and Its Radical Potential". Feminist Studies. 39 (2): 405–426. Robert L. Crooks; Karla Baur (2016).
256904
Matt Lucas (gebore 5 Maart 1974) is 'n Engelse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Alice in Wonderland (2010), Bridesmaids (2011), en Alice Through the Looking Glass (2016), en in die televisiereeks Little Britain (2003). 2002: Killer Queen! 2005: Cold and Dark 2010: Alice in Wonderland 2010: Les Misérables in Concert: The 25th Anniversary 2011: Bridesmaids 2012: Small Apartments 2013: The Look of Love 2016: Alice Through the Looking Glass 1993: Shooting Stars 1996: Funny Business 1996: Mash and Peas 1997: Sunnyside Farm 1998: Barking 1999: Bang, Bang, It's Reeves and Mortimer 1999: Boyz Unlimited 1999: Sir Bernard's Stately Homes 1999: Rock Profile 2001: Fun at the Funeral Parlour 2003: Little Britain 2004: Catterick 2005: Popetown 2005: King Arthur's Disasters 2007: Perfect Night In 2008: Little Britain USA 2008: Big Brother: Celebrity Hijack 2008: New Heroes of Comedy 2009: Kröd Mändoon and the Flaming Sword of Fire 2010: Come Fly with Me 2010: My Life 2012: The Matt Lucas Awards 2012: Lindalee's Doctor Who Review 2014: It Was Alright in the 70s 2015: Pompidou 2015: Bull 2016: Alan Carr's 12 Stars of Christmas 2016: Round Planet 2019: Moominvalley 1998: You Are Here 2002: Surrealissimo: The Scandalous Success of Salvador Dali 2004: I'm Free!
100977
Die Verenigde State Grand Prix is 'n motorwedren wat afwisselend plaasvind sedert 1908, toe dit as die Amerikaanse Grand Prize bekend gestaan het. Die wedren word later deel van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Die afgelope 49 renne het reeds op tien verskillende bane plaasgevind, en sedert 2012 word dit by die Circuit of the Americas in Austin, Texas, gehou.
3433
Die jaar 336 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 4de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. 18 Januarie – Pous Markus volg Pous Silvester I op. Philocalus stel die eerste kalender op vir die verering van heiliges in die Rooms-Katolieke Kerk. 7 Oktober – Pous Markus, die 34ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
256909
Lee Mack (gebore 4 Augustus 1968) is 'n Engelse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse The Sketch Show (2001), Kelsey Grammer Presents: The Sketch Show (2005), en Not Going Out (2006). 1997: Gas 2001: The Sketch Show 2005: Kelsey Grammer Presents: The Sketch Show 2006: Not Going Out 2007: Would I Lie to You? 2010: Opinionated 2011: Lee Mack's All Star Cast 2012: 8 Out of 10 Cats Does Countdown 2012: River Cottage: Three Go Mad 2013: The Smiths 2014: Duck Quacks Donot Echo 2005: The World Comedy Tour: Melbourne 2005 2011: Ben Elton: Laughing at the 80s 2014: The Feeling Nuts Comedy Night 2016: We Love Sitcom 2007: Lee Mack: Live 2014: Lee Mack Live: Hit the Road Mack Lee Mack in die Internet-rolprentdatabasis
100990
Damaliscus is 'n genus van wildsbokke in die familie van horingdraers (Bovidae) en die subfamilie Alcelaphinae. Die genus bestaan uit vier spesies, wat slegs in Afrika voorkom. Damaliscus korrigum (Ogilby, 1837) Damaliscus korrigum korrigum Damaliscus korrigum jimela Damaliscus korrigum topi Damaliscus lunatus (Burchell, 1823) (Basterhartbees) Damaliscus lunatus korrigum Damaliscus lunatus tiang Damaliscus lunatus topi Damaliscus lunatus jimela Damaliscus lunatus lunatus Damaliscus pygargus (Pallas, 1767) (Bontebok) Damaliscus pygargus phillipsi Harper, 1939 (Blesbok) Damaliscus pygargus pygargus (Pallas, 1767) Damaliscus superstes (Cotterill, 2003) Stuart, Chris & Stuart, Tilde. 2007. Field Guide to Mammals of Southern Africa. Fourth edition. Cape Town:Struik Publ. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Damaliscus. Wikispecies het meer inligting verwant aan Damaliscus Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
131929
Die Wêreld- Ekonomiese Forum ((en) World Economic Forum – WEF) is 'n jaarlikse byeenkoms van die hoof- uitvoerende beamptes (HUBs) van die grootste maatskappye ter wêreld, internasionale politici (presidente, eerste ministers en ministers), intellektuele en joernaliste, altesaam sowat 2 500 persone. Die WEF organiseer jaarliks in die winter 'n jaarvergadering in Davos, Switserland, asook diverse streekskonferensies wêreldwyd. Dit 'n invloedryke platform, aangesien die mees invloedryke persone, waaronder baie staatshoofde saamkom om die belangrikste hedendaagse en toekomstige wêreldprobleme te bespreek. Die WEF is in 1971 deur Klaus M. Schwab, 'n Switserse hoogleraar en sakeman, gestig. Die hoofkantoor is in Genève gesetel, waar dit geregistreer is as 'n nie-winsgewende stigting. Ongeveer 400 personeellede van meer as 50 nasionaliteite is by die hoofkantoor werksaam. Volgens die voorstanders van die WEF bied dit 'n ideale geleentheid vir dialoog en debatte oor die omvangryke sosiale en ekonomiese probleme van die wêreld, omdat verteenwoordigers van die belangrikste ekonomiese organisasies, verteenwoordigers van die belangrikste politieke organisasies sowel as hoë vlak intellektuele teenwoordig is en omdat die gesprekke in 'n informele omgewing gehou word.
260093
William Shatner (gebore 22 Maart 1931) is 'n Kanadese akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Star Trek II: The Wrath of Khan (1982), Star Trek III: The Search for Spock (1984), Star Trek IV: The Voyage Home (1986), en Star Trek V: The Final Frontier (1989). Op 13 Oktober 2021 het Shatner na die ruimte gevlieg aanboord van NS-18, 'n Blue Origin subomwentelingskapsule, saam met drie ander mense.
58634
AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC. Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigtingslid van die OFC geword. (ar) (en) AFC se amptelike webtuiste
61349
Die Indus (Sanskrit: सिन्धु; Oerdoe: دریائے سندھ, Darya-e Sindh; Hindi: सिन्धु नदी, Sindhu Nadi; Sindhi: سنڌو Sindhu; Panjabi: سندھ Sindh; Persies: Nilau "blou water" en Ab-e-sind "water van Sindh"; Arabies: نهر السند, Al-Sind; Tibettaans: སེང་གེ།་གཙང་པོ; Chinees: 森格藏布/狮泉河/印度河; Grieks: Ινδός Indós; Turks: Indus Nehri) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië. Dié rivier, met 'n lengte van 3 200 km (2 000 myl), is die langste rivier in Suid-Asië en mond in die Arabiese See uit. Saam met vier ander riviere kenmerk die Indus die streek Punjab, "die land van vyf riviere". Die Indus ontstaan deur die saamvloei van die Sênggê Zangbo met verdere spruite in die Trans-Himalaja in die Chinese outonome gewes Tibet, naby die berg Kailash. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur die omstrede en outonome Noord-Indiese deelstaat Jammu en Kasjmir en verder deur Pakistan. In die noorde van dié land maak die Indus 'n boog in 'n suidwestelike rigting en vloei deur die provinsies Punjab en Sindh.
40409
Adam Mickiewicz Pools-Litause digter en essayis Handtekening Literêre stroming Romantiek Beduidende werke Pan Tadeusz Dziady Oda do młodości Romantyczność Sonety krymskie Reduta Ordona Musea Musée Adam Mickiewicz Parys, Frankryk Adam Mickiewicz-museum Warskou, Pole Adam Mickiewicz-museum Vilnius, Litaue Adam Bernard Mickiewicz [mi:ts'kjɛvi:tʃ], * 24 Desember 1798 in Zaosie, Russiese Ryk (tans Belarus); † 26 November 1855 in Konstantinopel, word as die nasionale digter van Pole beskou. Hy was die grondlegger en beduidendste verteenwoordiger van die Poolse Romantiese beweging. As digter, kolomskrywer, politieke aktivis en visioenêr het Mickiewicz een van die invloedrykste persoonlikhede van die Poolse en Europese vryheidstryd in die 19de eeu geword. Hy het vanaf 1824, die jaar toe hy na Rusland verban is, die grootste deel van sy lewe as balling in die buiteland deurgebring, waarvan 22 jaar in Frankryk. Adam Mickiewicz is op die landgoed van sy oom in die dorp Zaosie as die tweede van vyf seuns van Mikołaj en Barbara Mickiewicz (née Majewska) gebore. Zaosie is naby Nowogródek, sowat 100 kilometer suid van Vilnius, in 'n Litaus-Wit-Russiese streek van die destydse Russiese Tsareryk geleë.
13352
Gryskruisswael Pseudhirundo griseopyga is 'n gelokaliseerde algemene standvoël en intra-Afrika trekvoël. In Engels staan die voël bekend as die Grey-rumped swallow. Die voël word tot 14 cm lank en 8 tot 12 gram swaar. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
16961
Samsung (Koreaans: Drie Sterre) is die grootste konglomeraat (Koreaans: Chaebeol) in Suid-Korea, wat met sy meer as 489 000 werknemers ten opsigte van omset (meer as 305 miljard VSA-dollar in 2014) tans die grootste onderneming in die inligtingstegnologiebedryf is. Volgens sy markwaarde (meer as 77 miljard VSA-dollar in laat 2005) het dit ook tot die vyf grootste ondernemings ter wêreld behoort, met dogtermaatskappye in 58 lande. Samsung Electronics, die grootste vervaardiger van televisietoestelle en selfone ter wêreld, is die vlagskiponderneming van Samsung Groep. Volgens beramings van die Amerikaanse marknavorsingsonderneming Gartner het Samsung Electronics in 2017 sowat 321 miljoen selfone verkoop. Samsung betaal in Suid-Korea meer as 46 miljard ZAR belasting (sowat agt persent van die staatsinkomste) en lewer met al sy dogtermaatskappye sowat 'n vyfde van die land se uitvoere op. Die onderneming oefen sodoende beslissende invloed op Suid-Korea se ekonomiese ontwikkeling, politiek, mediabedryf en kulturele lewe uit. Samsung was een van die drywende kragte agter die sogenaamde "Wonder aan die Hanrivier", die uitvoergerigte ekonomiese beleid wat van Suid-Korea binne enkele dekades ná die Korea-oorlog (1950-1953) een van die mees gevorderde nywerheidslande ter wêreld gemaak het.
224146
Wendie Malick (gebore 13 Desember 1950) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The American President (1995), The Emperor's New Groove (2000), en Waiting... (2005), en in die televisiereeks Dream On (1990). 1995: The American President 1997: Just Add Love 1998: Jerome 1998: Divorce: A Contemporary Western 2000: The Emperor's New Groove 2001: Cahoots 2002: Hellbent for Heaven 2004: Raising Genius 2005: Waiting... 2008: Eavesdrop 2018: Marrying Father Christmas Jimmy and Mia 1983: Trauma Center 1990: Dream On 1996: Good Company 1997: Just Shoot Me! 2002: Fillmore! 2005: Jake in Progress 2005: The X's 2005: Bratz 2006: Big Day 2010: Hot in Cleveland 2011: London Garcia Entertainment Show 2016: Rush Hour 2016: Kulipari: An Army of Frogs 1989: The Ed Begley Jr.
2424
5 Oktober is die 278ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (279ste in skrikkeljare). Daar volg nog 87 dae in die res van die jaar. 649 – Begin van die eerste Lateraanse sinode. Dit eindig op 31 Oktober. 710 – Pous Konstantyn begin sy reis na Konstantinopel. 1543 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word kardinaalbiskop van Palestrina. 1823 – Pous Leo XII word gekroon deur kardinaal Fabrizio Ruffo. 1864 – Kalkutta, hoofstad van Britse Indië, word amper totaal verwoes deur 'n sikloon waarin meer as 60 000 mense sterf. 1877 – Nez Percé en sy bende gee hul uiteindelik oor ná meer as drie maande se gevegte met die magte van die Verenigde State; ’n tog van meer as 1 000 myl oor Oregon, Washington, Idaho en Montana, en ’n beleg. 1908 – Prins Ferdinand word die eerste tsaar van Bulgarye sedert die Ottomaanse inval in die 14de eeu. 1930 – Die Britse lugskip R101 stort op sy nooiensvaart in Frankryk neer; dit was onderweg na Indië.
9304
Die 6de eeu v.C. het geduur van 600 tot 501 v.C.
226463
Laura Ramsey (gebore 14 November 1982) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Lords of Dogtown (2005), She's the Man (2006), The Covenant (2006), en The Ruins (2008). 2005: Lords of Dogtown 2006: She's the Man 2006: The Covenant 2008: The Ruins 2011: 1 Out of 7 2012: Hirokin: The Last Samurai 2013: Awful Nice 2013: Pulling Strings 2004: The Days 2015: Hindsight 2013: The Sixth Gun Laura Ramsey in die Internet-rolprentdatabasis
283739
Milo Gibson (gebore 16 November 1990) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Hacksaw Ridge (2016), Gangster Land (2017), All the Devil's Men (2018), en Breaking & Exiting (2018). 2016: Hacksaw Ridge 2017: Gangster Land 2018: All the Devil's Men 2018: Breaking & Exiting 2018: Hurricane 2019: Brother's Keeper The Outpost Milo Gibson in die Internet-rolprentdatabasis
222926
Indiese Suid-Afrikaners, Indiër-Suid-Afrikaners of Suid-Afrikaanse Indiërs is burgers en inwoners van Suid-Afrika van Indiese afkoms. Die meerderheid woon binne en rondom die stad Durban, dit maak dit "die grootste Indiese stad buite Indië". Baie Indiërs in Suid-Afrika is afstammelinge van immigrante uit die koloniale Indië (Suid-Asië) van die laat 19de eeu tot die vroeë 20ste eeu. Partykeer word Indiërs ingereken onder die wyer geografiese klassifikasie van "Asiërs". Daar is nog steeds ’n kulturele, godsdienstige en rassige oorvleuel tussen "Asiërs" en "Indiese Suid-Afrikaners". Tydens die ergste tydperk van segregasie en apartheid het die "Indiese", "Asiatiese", "Kleurling", en "Maleise" groepidentiteite talle aspekte van die daaglikse lewe beheer, insluitend waar ’n persoon word toegelaat om te woon. Gedurende die ideologiese apartheid vanaf 1948 tot 1994 is Indiërs geklassifiseer onder terme wat gewissel het van "Asiërs" tot "Indiërs"; partykeer het hulle die terme vrywillig aanvaar. Volgens sommige burgers was hierdie terme verbeterings in vergelyking met die negatiewe gedefinieerde identiteit van "Nie-blank", wat hul vorige klassifikasie was.
24220
Ronald Ernest (Ron) Paul (* Green Tree, Pennsylvanië, 20 Augustus 1935) is 'n Amerikaanse politikus. Hy was die genomineerde kandidaat van die Republikeinse party vir die presidensiële verkiesings in 2008 en 2012. Heaster, Sean. "Ron Paul" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2015. Besoek op 18 November 2013. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
58598
Dubrovnik [ˈdubrɔ̞ːʋnik]; Latyns Rausium, later Ragusium; Italiaans en Duits (verouderd) Ragusa; is 'n stad in 'n suidelike enklawe van Kroasië aan die Adriatiese Seekus. Die stad is een van die belangrikste toeristebestemmings in die Adriatiese Seegebied, 'n seehawe, die setel van 'n Rooms-Katolieke biskop en die administratiewe sentrum van die distrik Dubrovnik-Neretva. Dubrovnik word vanweë sy kulturele betekenis dikwels ook "Pêrel van die Adria" en "Kroatiese Athene" genoem. Unesco het aan die historiese middestad in 1979 die status van wêrelderfenisgebied toegeken. Die stad het sy ekonomiese welvaart van oudsher aan die seehandel te danke gehad. Sy handelsbetrekkinge het oor groot dele van Suidoos-Europa en die hele Middellandse Seegebied gestrek. As onafhanklike Republiek van Ragusa was Dubrovnik die enigste stadstaat in die oostelike Adriatiese See wat met Venesië meegeding het. Danksy sy welvaart en gesofistikeerde diplomasie het die stad 'n hoë beskawings- en ontwikkelingspeil bereik, veral gedurende die 15de en 16de eeu. Dubrovnik se Latynse leuse, Libertas ("Vryheid"), dateer van hierdie periode.
242323
Patti Davis (gebore 21 Oktober 1952) is 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Tango & Cash (1989) en in die televisiereekse Fantasy Island (1977), Hart to Hart (1979), en Simon & Simon (1981). 1989: Tango & Cash 1977: Fantasy Island 1979: Hart to Hart 1981: Simon & Simon 1992: The Whoopi Goldberg Show 1981: For Ladies Only 1983: The Annual Humanitarian of Year Honors Aaron Spelling 2007: Sacrifices of the Heart 1995: Playboy Celebrity Centerfold: Patti Davis Patti Davis in die Internet-rolprentdatabasis
45110
Marie Sophie Frederikke Dagmar van Denemarke (Kopenhagen, 26 November 1847 – Hvidøre (Denemarke), 13 Oktober 1928) was ’n Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna (Russies: Мария Фёдоровна) van Rusland deur haar huwelik met tsaar Aleksander III. Sy was die dogter van koning Christiaan IX van Denemarke en Louise van Hesse-Kassel, en die suster van koning Frederik VIII van Denemarke, koning George I van Griekeland en koningin Alexandra, vrou van koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk. Prinses Dagmar is op 26 November 1847 in Kopenhagen gebore as die vierde kind en tweede dogter van koning prins Christiaan van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, die latere koning van Denemarke, en Louise van Hesse-Kassel. Sy het twee ouer broers, Frederik en Willem, en ’n ouer suster, Alexandra, gehad. Ná Dagmar was daar nog twee kinders, Thyra en Waldemar. Toe sy gebore is, het haar vader in die Deense leër gedien en was die gesin baie arm.
76687
Die Rooiborsjakkalsvoël (Wetenskaplike naam: Buteo rufofuscus, Engels: Jackal buzzard) is 'n endemiese gelokaliseerde algemene standvoël wat in heuwelagtige gebiede in Suid-Afrika voorkom. Die voël word 55 – 62 cm groot, weeg 900 - 1 700 g en vang meestal soogdiertjies en reptiele. Dit is heeltemal donkerbruin, buiten sy kastaiingkleur bors en stert, asook die ondervlerk wat donkerbruin en wit is. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7 BirdLife International (2012). "Buteo rufofuscus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link) Newman, Kenneth (2000) Newman se Voëls, volgens kleur, Struik Uitgewers. ISBN 1 86872 449 2
4093
Hongarye (Hongaars: Magyarország [ˈmɒɟɒrorsaːɡ]) is 'n landgebonde staat in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan in eie land bekend as die Land van die Magyare of Magyarország. Tot en met 1918 het Hongarye deel uitgemaak van Oostenryk-Hongarye, maar moes as gevolg van die vredesooreenkoms ná die Eerste Wêreldoorlog sowat sewentig persent van sy staatsgebied aan die destydse buurlande Joego-Slawië, Roemenië en Tsjeggo-Slowakye afstaan. 'n Minderheid van meer as 2,8 miljoen Hongare woon steeds in aangrensende lande. Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. Die Hongaarse opstand van 1956 was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig teengestaan. Ná die val van die Sowjetunie is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidland van die Europese Unie. Die inheemse landsnaam verskil sterk van die name wat in die buiteland vir Hongarye gebruik word.
108914
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bosnies. Moenie verwar word met Bosniërs nie. Die Bosniake (Bosnies: Bošnjaci/Бошњаци, [boʃɲǎːt͡si]; manlike enkelvoud: Bošnjak/Бошњак, vroulike enkelvoud: Bošnjakinja/Бошњакиња) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Bosnië en Herzegowina en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Bosnies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm volgens die grondwet saam met Kroate en Serwiërs die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 46% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Bosniake belangrike minderhede in Kosowo, Kroasië, Montenegro en Serwië. Die meeste Bosniake is aanhangers van die Soennitiese Islam. Die Islamisering van Bosnië het met die Ottomaanse verowering in die 15de en 16de eeu begin. Wêreldwyd leef tussen 2,8 en 4,6 miljoen Bosniake, waarvan sowat 1,8 miljoen in Bosnië en Herzegowina. Die Bosniese diaspora het veral as gevolg van drie gebeure in Bosnië en Herzegowina se geskiedenis in die buiteland gevestig: die anneksasie van die destyds Ottomaanse gebied van Bosnië deur Oostenryk-Hongarye in 1908, die twee wêreldoorloë wat ook Bosnië geskud het en die Bosniese oorlog van die vroeë 1990's.
289298
Léa Hélène Seydoux-Fornier de Clausonne, professioneel bekend as Léa Seydoux (Frans: [le.a sɛ.du] (luister); gebore op 1 Julie 1985), is 'n Franse aktrise. Sy begin haar toneelspelloopbaan in die Franse film, en verskyn in films soos The Last Mistress (2007) en On War (2008). Sy het eers onder die aandag gekom nadat sy haar eerste César-toekenning ontvang het, vir haar opvoering in The Beautiful Person (2008), en die Trophée Chopard gewen, 'n toekenning wat aan die belowende akteurs tydens die Cannes-rolprentfees gegee is. Sedertdien het sy in groot Hollywood-films verskyn, waaronder Inglourious Basterds (2009), Robin Hood (2010), Midnight in Paris (2011) en Mission: Impossible - Ghost Protocol (2011). In die Franse teater is sy vir die tweede keer genomineer vir die César-toekenning vir die mees belowende aktrise vir haar rol in Belle Épine (2010) en is sy genomineer vir die César-toekenning vir beste aktrise vir haar rol as dame in afwagting na Marie Antoinette in die film Farewell, My Queen (2012).
248221
Cara Williams (29 Junie 1925-9 Desember 2021) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Boomerang! (1947), The Girl Next Door (1953), en The Defiant Ones (1958), en in die televisiereeks Pete and Gladys (1960). 1947: Boomerang! 1953: The Girl Next Door 1953: We Go to Monte Carlo 1954: The Great Diamond Robbery 1958: The Defiant Ones 1959: Never Steal Anything Small 1963: The Man from the Diners' Club 1978: The One Man Jury 1960: Pete and Gladys 1964: The Cara Williams Show 1976: The Ashes of Mrs. Reasoner 1982: In Security Cara Williams in die Internet-rolprentdatabasis
86364
Transkarpatië-oblast (Oekraïens: Закарпатська область, Hongaars: Kárpátalja; Russies: Закарпатская область) is 'n oblast (of gebied) in westelike Oekraïne. Die hoofstad en grootste van die oblast is Oesjgorod (Oekraïens: Ужгород; Hongaars: Ungvár). Die oblast is bekend vir die Hongaarse minderheid in die suidweste. Tale (2001-sensus): Oekraïens (81,0%), Hongaars (12,7%), Russies (2,9%). Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (80,5%), Hongare (12,1%), Roemeniërs (2,6%). Deelgebiede van Oekraïne Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
212967
Michael Mosley (gebore 16 September 1978) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Castle (2009), Sirens (2014), Ozark (2017), en Seven Seconds (2018). 2005: Building Girl 2006: No Room for Groceries 2011: Restive 2012: You're Nobody 'til Somebody Kills You 2013: Autumn Wanderer 2015: Other People's Children 2015: Hot Pursuit 2017: A Crooked Somebody Fluidic New Year Untitled Jerry Mark Project Sister Aimee 2006: Kidnapped 2009: Castle 2011: Pan Am 2014: Sirens 2014: Robin Banks and the Bank Roberts 2016: Fear the Walking Dead: Passage 2017: Ozark 2018: Seven Seconds Queen Fur 2016: Dream Team Michael Mosley in die Internet-rolprentdatabasis
372807
Société Générale is een van die belangrikste Franse banke en een van die oudste. Dit is een van die drie pilare van die Franse nie-onderlinge bankbedryf (ook genoem "Les Trois Vieilles") met LCL en BNP Paribas. Die Société Générale-groep het 133 000 werknemers, van 137 nasionaliteite, wat in 61 lande teenwoordig is. (fr) Banque : les « trois vieilles » entament leurs négociations sur les 35 heures Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Société Générale. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
13299
Kaïro (Arabies: القاهرة, al-Qāhirah, [ælˈqɑːheɾa], luister (hulp·inligting), letterlik: "die Sterke"; Kopties: ⲕⲁϣⲣⲱⲙⲓ, Kashromi) is die hoofstad van Egipte en die grootste stad in die Arabiese wêreld. Die Egiptenaars gebruik dikwels ook die Hoog-Arabiese landnaam مصر, vir hulle hoofstad (Egiptiese Arabies: Masr). Met sy 9,7 miljoen inwoners in die stad en sowat 20,5 miljoen in die metropolitaanse gebied is Kaïro die grootste agglomerasie op die vasteland van Afrika. Dit is die vervoersentrum van Egipte en beskik oor 'n groot aantal moskees, universiteite, teaters, museums en argitektoniese besienswaardighede. Die ou stadskern van Kaïro is 'n uitstekende voorbeeld van die Islamse boustyl en sedert die jaar 1979 'n wêrelderfenisgebied van die Unesco. Kaïro staan dan ook bekend as "die stad van duisende minarette". Die Groot Piramide en Dodeakker van Giza is net buite Kaïro in die voorstad Giza, oorkant die Nylrivier, geleë. 'n Ander belangrike voorstad is Shubra El-Kheima. Die huidige Kaïro is in die jaar 969 deur die Fatimidiese kalief Al-Moe'ies net suid van die Nyldelta gestig.
220927
Zooey Deschanel (gebore 17 Januarie 1980) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Hitchhiker's Guide to the Galaxy (2005), The Happening (2008), en 500 Days of Summer (2009), en in die televisiereeks New Girl (2011). 2001: Manic 2002: The New Guy 2002: Abandon 2003: All the Real Girls 2003: Elf 2003: It's Better to Be Wanted for Murder Than Not to Be Wanted at All 2005: The Hitchhiker's Guide to the Galaxy 2005: Winter Passing 2007: Bridge to Terabithia 2007: Surf's Up 2007: Flakes 2007: The Go-Getter 2007: The Good Life 2008: The Happening 2008: Yes Man 2008: Gigantic 2009: 500 Days of Summer 2010: Do It Again 2010: Sundance Skippy 2011: Our Idiot Brother 2015: Rock the Kasbah 2015: The Driftless Area 2016: Trolls Sister-In-Law 2008: Artist on Artist 2009: In Character With... 2011: New Girl 2011: Red Band Trailer Hosted by Diablo Cody 2007: Beyond the Yellow Brick Road: The Making of Tin Man 1999: The Offspring: She's Got Issues 2005: Making of 'The Hitchhiker's Guide to the Galaxy' 2008: The Happening: A Day for Night 2008: The Happening: Elements of a Scene 2009: Jim Carrey: Extreme Yes Man 2009: Not a Love Story: Making (500) Days of Summer 2009: Summer at Sundance 2012: The New Guy on New Girl with Zooey Deschanel 2015: Brian Wilson and Friends: A Soundstage Special Event 2018: Beauty and the Beast in Concert at the Hollywood Bowl Zooey Deschanel in die Internet-rolprentdatabasis Zooey Deschanel op Twitter Zooey Deschanel op Facebook
207811
Jordan Charney (gebore 1 April 1937) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Network (1976), Ghostbusters (1984), en My Little Girl (1986), en in die televisiereeks One Life to Live (1968). 1976: Network 1984: Ghostbusters 1986: My Little Girl 1954: The Secret Storm 1968: One Life to Live 1965: The Magnificent Yankee Jordan Charney in die Internet-rolprentdatabasis
207163
Amir Arison (gebore 24 Maart 1978) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent The Visitor (2007) en in die televisiereekse Homeland (2011) en The Blacklist (2013). 2007: The Visitor 2017: 20 Weeks 2018: The Translator 2011: Homeland 2011: H+ 2011: State of Georgia 2013: The Blacklist 2014: An Evening with the Blacklist Amir Arison in die Internet-rolprentdatabasis
207875
Hierdie is 'n lys van stede en dorpe in Bhoetan. Mebisa Daga Damphu Gasa Dzong Geylegphug Ha Jakar Lhuntshi Mongar Paro Pemagatsel Phuntsholing Punakha Samtse Samdrup Jongkhar Thimphu Trashigang Tongsa Wangdue Phodrang Zhemgang
60836
Borne lê in die provinsie Overijssel in Nederland (in Twente), met 'n oppervlakte van slegs 26 vierkante kilometer en meer as 21 000 inwoners. Plekke in die munisipale gebied van Borne: Borne, Hertme en Zenderen Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
206251
Melophlus hajdui is 'n gewone sponsspesie uit die familie van die Geodiidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 2011 deur Moraes. Hajdu, E. (2012). Melophlus hajdui Moraes, 2011. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J., Dohrmann, M., Cristina Díaz, M. (2012) World Porifera database. Geraadpleeg via: World Register of Marine Species op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=597266 Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
206259
Hongbao of rooi koevertjie is een van die items wat tydens die Chinese Nuwejaar geskenk word, en wel hoofsaaklik tydens bainian. Die Kantonese noem 'n hongbao in Standaardkantonees Laj Sie. 'n Getroude persoon gee 'n hongbao aan jonger ongetroude mense. Tydens nuwejaarsbyeenkomste kry benewens jong kinders, ook persone bo sewentig jaar 'n hongbao. Hierin word geld gesit. Soms word hongbao's tydens nuwejaar in Chinatowns uitgedeel deur iemand wat as Caishen aangetrek is. 'n Ander konnotasie van rooi koeverte is naamlik dié van omkopery en omkoopgeld. 'n Omkoopbedrag staan naamlik in China ook as 'n "rooi koevert" bekend. Hongbao met Fulushou Nog 'n voorbeeld van 'n hongbao MVO China: corruptie, Rijksdienst voor Ondernemend Nederland, 2013
208619
Kiowa Gordon (gebore 25 Maart 1990) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Twilight Saga: New Moon (2009), The Twilight Saga: Eclipse (2010), The Twilight Saga: Breaking Dawn - Part 1 (2011), en The Lesser Blessed (2012). 2009: The Twilight Saga: New Moon 2010: The Twilight Saga: Eclipse 2011: The Twilight Saga: Breaking Dawn - Part 1 2012: The Lesser Blessed 2016: Calico Skies 2017: Painted Woman Blood Quantum 2012: Hollywood Walk of Shame 2014: The Red Road 2018: Shadow Wolves Kiowa Gordon in die Internet-rolprentdatabasis
206947
Neoschrammeniella is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Neoschrammeniella antarctica (Kelly, 2007) Neoschrammeniella bowerbankii (Johnson, 1863) Neoschrammeniella castrum (Schlacher-Hoenlinger, Pisera & Hooper, 2005) Neoschrammeniella fulvodesmus (Lévi & Lévi, 1983) Neoschrammeniella moreti (Lévi & Lévi, 1988) Neoschrammeniella norfolkii (Schlacher-Hoenlinger, Pisera & Hooper, 2005)
207003
Die Awá of Guajá is ’n inheemse volk van Brasilië wat in die oostelike Amasonereënwoud woon. Daar is sowat 350 lede, van wie 60 geen kontak met die buitewêreld het nie. Hulle word as hoogs bedreig beskou weens botsings met houtkappers in hul gebied. Hul taal word Guajá genoem; dit is een van die Tupí-Guaraní-tale. Nadat hulle aanvanklik in nedersettings gewoon het, het die Awá omstreeks 1800 ’n nomadiese leefwyse aangeneem weens die instroming van Europeërs. In die 19de eeu is hulle al hoe meer deur setlaars in die streek aangeval wat die meeste van die woude daar afgekap het. Van die middel 1980's af het sommige Awá na nedersettings verskuif wat deur die regring beskikbaar gestel is. Hulle handhaaf egter steeds hul tradisionele leefwyse in nomadiese groepe van ’n paar dosyn elk met min of geen kontak met die buitewêreld nie en is van hul woude afhanklik. In 1982 het die Brasiliaanse regering ’n groot lening van die Wêreldbank en Europese Unie ontvang; een van die voorwaardes was dat die grondgebiede van sekere inheemse volke, insluitende die Awá, afgebaken en beskerm word.
206923
'n Gamelan is 'n versameling brons slaginstrumente wat op mekaar gestem is en in die tradisionele musiek van veral Java en Bali bespeel word. Play media Gamelan is taamlik oud. Daar is legendes wat vertel dat hierdie musiek gebruik is deur die Hindoekonings van Majapahit en dat erfstukke deur die Moslemvorste van Demak van hulle geneem is om hulle wettigheid as opvolgers te onderstreep. Ander verhale beweer dat die wali sanga, die nege Moslim-heiliges wat glo die Islam oor Java versprei het, hierdie instrumente na Majahapit-voorbeeld nagebou het. Die sultans van Demak het 'n tradisie begin op die geboortedag van Mohamed met 'n gamalan sekaten-uitvoering te vier. Dit was dalk om hulle Hindoe/Buddhistiese onderdane oor te haal om Moslem te word. In Cirebon word vandag hierdie vorm van gamelanmusiek as die mees Islamities beskou. Daar word twee soorte gamelaninstrumente onderskei: die pencon en die wilahan 'n Pencon is 'n gong met 'n omgebuigde rand en 'n verdikte knop in die middel van die instrument. Deur hierdie konstruksie kan die gong met 'n presiese toonhoogte gestem word. Die gong word bespeel deur die knop met 'n hamer slaan.
209539
Die Huis van Wangchuck (དབང་ཕྱུག་རྒྱལ་བརྒྱུད་; Wylie: Dbang-phyug Rgyal-brgyud) regeer sedert Bhoetan se hereniging in 1907 oor die land. Voor die hereniging het die Wangchuck-familie oor die distrik Trongsa regeer. Hulle het eindelik die mag van ander streekheersers oorgeneem en die guns van die Britse Ryk gewen. Ná die vereniging van die mag is die 12de penlop van Trongsa, Gongsar Ugyen Wangchuck, gekies as Druk Gyalpo (die "Draakkoning") en het hy die koningshuis gestig. Die amp "Druk Gyalpo" is buite die land meer algemeen bekend as "koning van Bhoetan". Die Wangchuck-dinastie het onder sy eerste twee monarge betrekkinge met Brittanje en Indië opgebou. Die derde, vierde en vyfde (huidige) monarge het die land op die pad na demokrasie, desentralisasie en ontwikkeling geplaas. Daar was al vyf konings van Bhoetan. Hulle is: Ugyen Wangchuck (gebore 1861 – oorlede 1926), 1ste Druk Gyalpo 17 Desember 1907 – 21 Augustus 1926. Jigme Wangchuck (1905–1952), 2de Druk Gyalpo 21 Augustus 1926 – 24 Maart 1952. Jigme Dorji Wangchuck (1929–1972), 3de Druk Gyalpo 24 Maart 1952 – 24 Julie 1972.
207747
Robert Carradine (gebore 24 Maart 1954) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger.
207435
Zwartewaterland (Nedersaksies: Zwärtewäterlaand) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Overijssel, met 'n bevolking van 23 000 in 2018 en 'n oppervlakte van 88 km². Die munisipaliteit is in 2001 gestig en die bestuurlike sentrum is in die stad Hasselt. Zwartewaterland is in die Salland-streek sowel as in die Kop van Overijssel-streek geleë. Bekende plekke is Genemuiden, Hasselt en Zwartsluis. Plekke in die munisipale gebied van Zwartewaterland: Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zwartewaterland. (nl) Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
206747
Mycalidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Mycale (Gray, 1867) Phlyctaenopora (Topsent, 1904)
206299
Sagtevrugte is vrugte van bladwisselende bome. Dit sluit appels, pere, appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante, kersies, tafeldruiwe en gedroogde druiwe in, aldus die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryfliggaam Hortgro. Sagtevrugte kom voor in die beskutte valleie van die Wes-Kaap, in die Oos-Vrystaat, Limpopo, Noord-Kaap, Mpumalanga en Gauteng. In 2017 was daar 2 231 vrugteboere in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf en hulle benut 79 912 hektaar. Die land is onder die top-10-lande wat betref die produksie van pere en onder die top-20-lande vir die produksie van appels, appelkose, perskes, nektariens en pruime in die wêreld. Die verbouing van sagtevrugte is gekoppel aan die seisoene en boere sorg dat die vrugteboorde versorg en die beproeiingstelsels goed beplan word. Die bome moet in die winter gesnoei word en goeie snoeipraktyke lei tot vrugte van beter gehalte. Soorte: Appels en pere staan bekend as kernvrugte. Pruim, perskes, appelkose en nektariens staan bekend as steenvrugte. Hulle word meestal gebruik in die inmaakbedryf en vir die verwerking tot droëvrugte. Druiwe Hortgro is Suid-Afrika se sagtevrugtebedryfsliggaam.
208099
John de Lancie (gebore 20 Maart 1948) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Reign Over Me (2007), Pathology (2008), en Crank: High Voltage (2009), en in die televisiereeks Days of Our Lives (1965). 1998: Star Trek World Tour 2001: Nicolas 2004: The Eavesdropper 2007: Reign Over Me 2007: Teenius 2008: Pathology 2008: My Apocalypse 2009: Crank: High Voltage 2012: Cloned: The Recreator Chronicles 2012: Bronies: The Extremely Unexpected Adult Fans of My Little Pony 2017: Remembering Leonard: His Life, Legacy and Battle with COPD 1965: Days of Our Lives 1988: Trial and Error 1995: Legend 1996: The Real Adventures of Jonny Quest 2000: Max Steel 2009: Red Carpet Report 2014: Pony Meets World 2018: DC Super Hero Girls 1980: Nightside 1997: Final Descent 1998: You Lucky Dog 1998: The Lost World 1999: Final Run 2002: Return to Area 51 2002: Deadly Reptiles 2 2004: Darklight 2009: Elf Sparkle Meets Christmas the Horse 2010: Elf Sparkle and the Special Red Dress 2018: My Little Pony: The Best Gift Ever 1993: Arcade 1997: The First Men in the Moon 2000: Gen¹³ 2000: Roswell: The Unheard Broadcast 2000: Business of Acting 2004: Men's Mix 1: Gay Shorts Collection 2007: The Next Generation's Impact: 20 Years Later John de Lancie in die Internet-rolprentdatabasis
208779
Michael Harney (gebore 27 Maart 1956) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Bad Hurt (2015) en Soy Nero (2016). 2007: Captivity 2015: Bad Hurt 2016: Soy Nero 2013: Orange Is the New Black Project Blue Book 2013: hIMPERFECT Michael Harney in die Internet-rolprentdatabasis
209555
Die naam Renosterrivier kan enige van die volgende beteken: 1 2 3 Renosterrivier (Vaal), 26°58′28″S 26°55′11″O / 26.97441°S 26.91974°O / -26.97441; 26.91974 Renosterrivier (Noord-Kaap), 31°19′59″S 20°17′25″O / 31.33302°S 20.29019°O / -31.33302; 20.29019 Renosterrivier (Wes-Kaap), 32°24′39″S 19°59′25″O / 32.41072°S 19.99038°O / -32.41072; 19.99038 Renosterspruit (dubbelsinnig)
206787
Blinkwaterspruit kan meer as een betekenis hê: 1 2 3 Blinkwaterspruit (Komati), 26°01′00″S 31°02′00″O / 26.01667°S 31.03333°O / -26.01667; 31.03333 (Blinkwaterspruit, Mpumalanga, lat -26,02, long 31,03)) Blinkwaterspruit (Witrivier), 25°11′58″S 30°58′29″O / 25.19931°S 30.97466°O / -25.19931; 30.97466 (Blinkwaterspruit, Mpumalanga, lat -25,20, long 30,97)) Blinkwaterspruit (Krokodil), 24°56′06″S 27°32′54″O / 24.93504°S 27.54822°O / -24.93504; 27.54822 (Blinkwaterspruit, Limpopo)
206227
Malawispongiidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Cortispongilla (Annandale, 1918) Malawispongia (Brien, 1972) Ochridaspongia (Arndt, 1937) Pachydictyum (Weltner, 1901) Spinospongilla (Brien, 1974)
206435
Metaniidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Acalle (Gray, 1867) Corvomeyenia (Weltner, 1913) Drulia (Gray, 1867) Houssayella (Bonetto & Ezcurra de Drago, 1966) Metania (Gray, 1867)
206347
Michael V (Grieks: Μιχαήλ Ε΄; omstreeks 1015 – 24 Augustus 1042) was van 1041 tot 1042 vier maande lank keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die susterskind en opvolger van Michael IV die Paflagoniër en die aangenome seun van hom en sy vrou, keiserin Zoë. Sy bynaam was "die Kalfaatwerker" (Καλαφάτης, Kalaphates; iemand wat nate in houtwerk opvul om te voorkom dat vog deurdring) omdat dit sy pa se oorspronklike beroep was. Michael was die seun van keiser Michael IV se suster, Maria. ’n Ander oom, Johannes, wat in ’n groot mate namens Michael IV regeer het, en keiserin Zoë het hom aangewys as troonopvolger. Sy oom Michael en Zoë het hom kort voor Michael se dood aangeneem. Michael V het op 10 Desember 1041 keiser geword. Michael V was vasbeslote om op sy eie te regeer en het gebots met sy oom Johannes, wat hy byna onmiddellik na ’n klooster verban het. Hy het Johannes se besluite daarna omgekeer.
207555
Die Babalalaspruit is 'n sytak van die Shingwedzirivier in die provinsie Limpopo van Suid-Afrika. Die spruit vloei in die noordedeel van die Krugerwildtuin. 22°57′00″S 31°17′00″O / 22.950°S 31.2833°O / -22.950; 31.2833 Hierdie Limpopoprovinsie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.
209483
Hal Linden (gebore 20 Maart 1931) is 'n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Barney Miller (1975), CBS Schoolbreak Special (1984), The Ray Bradbury Theater (1985), en Jack's Place (1992). 1988: A New Life 1996: Just Friends 2001: Dumb Luck 2002: Time Changer 2018: The Samuel Project 1975: Barney Miller 1975: Lola! 1976: Animals, Animals, Animals 1980: FYI: For Your Information 1984: CBS Schoolbreak Special 1985: The Ray Bradbury Theater 1986: Blacke's Magic 1992: Jack's Place 1994: The Boys Are Back 2010: Inside the Business of Acting 2014: Hollywood In & About 2014: The Nicole Barrett Show 1970: Hastings Corner 1973: Mr. Inside/Mr. Outside 1976: How to Break Up a Happy Divorce 1979: The Hal Linden Special 1979: Third Annual Final Warning!! 1980: Father Figure 1981: TV Guide 1980: The Year in Review 1983: I Do!
206891
Neopelta is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse). Neopelta amphiaster (Schmidt, 1879) Neopelta imperfecta (Schmidt, 1880) Neopelta perfecta (Schmidt, 1880) Neopelta plinthosellina (Lévi & Lévi, 1988) Neopelta pulvinus (Kelly, 2007)