id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
301637
Tucker Swanson McNear Carlson (16 Mei 1969) is 'n Amerikaanse konserwatiewe joernalis, skrywer en politieke kommentator wat die aandprogram Tucker Carlson Tonight op Fox News sedert einde 2016 aanbied. Die eerste aflewering daarvan is deur 3,7 miljoen kykers gekyk. Carlson het in die negentigerjare 'n joernalis geword en vir die tydskrif The Weekly Standard geskryf. Hy was 'n kommentator op CNN vanaf 2000 tot 2005, en mede-aanbieder van die nuusdebatprogram Crossfire. Hierna was vanaf 2005 tot 2008 Carlson die aanbieder van die nagtelike program Tucker op MSNBC. Hy is sedert 2009 'n politieke ontleder by Fox News, en het as gas of gas-aanbieder op verskeie programme gedien voor die aanvang van sy huidige program. Carlson is die medestigter van The Daily Caller (2010), en het ook gedien as die aanvanklike hoofredakteur van dié konserwatiewe nuus- en meningswebwerf. Carlson het twee boeke geskryf naamlik, die outobiografie getitel Politicians, Partisans and Parasites: My Adventures in Cable News (2003) en Ship of Fools: How a Selfish Ruling Class is Bringing America to the Brink of Revolution (2018).
53668
Zwelini Lawrence Mkhize (gebore 2 Februarie 1956, Willowfontein) is 'n Suid-Afrikaanse dokter en oud-politikus. Hy was vanaf 6 Mei 2009 tot 1 September 2013 die vyfde premier van KwaZulu-Natal en is deur Senzo Mchunu opgevolg. Einde Februarie 2018 is hy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede benoem. Op 30 Mei 2019 volg hy dokter Aaron Motsoaledi op as die nasionale Minister van Gesondheid. Op 8 Junie 2021 plaas president Ramaphosa Zweli Mkhize op spesiale verlof, weens bewerings dat sy ministerie onbehoorlik kontrakte met betrekking tot die bestryding van die koronavirus toegeken het aan 'n kommunikasiemaatskappy wat deur sy voormalige medewerkers beheer word. Op 29 Julie 2021 is die verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SIU) vrygestel en dit is onthul dat Mkhize se seun Dedani na bewering 'bokse kontant' van 'n sleutelfiguur in die korrupsieskandaal ontvang het. Dedani het Radha Hariram, die direkteur van Digital Vibes, by 'n vulstasie in Stanger in KwaZulu-Natal ontmoet, waar hy glo geld uit die kontrak ontvang het. Die SIU beskuldig Mkhize van onbehoorlike optrede vir sy rol en wil sowat R3,8 miljoen van Dedani terugeis.
98987
Groen tee is 'n warm drank wat uit die blare van die teestruik Camellia sinensis berei word. In vergelyking met swarttee, ondergaan groen tee minimale oksidasie. Groen tee is oorspronklik in Oos-Asië (veral Japan en China) verbruik maar word in die Westerse wêreld toenemend gewild. Omdat die blare nie geoksideer is nie, het groen tee meer polifenole (veral epigallokatekiengallaat of EGCG). Groot verskeidenheid groen tee bestaan, wat verskil op grond van die verskeidenheid van C. sinensis gebrui, groeitoestande, tuinboumetodes, produksieverwerking en tyd van oes. Alhoewel daar aansienlike navorsing gedoen is oor die moontlike gesondheidseffekte van die gebruik van groen tee gereeld, is daar min bewyse dat die drink van groen tee enige effek op gesondheid het. Gewone groen tee is 99,9% water, bied 1 kalorie per 100 ml bedien, het geen beduidende nutriëntinhoud nie en bevat kafeïen. Alhoewel talle eise vir die gesondheidsvoordele van groen tee gemaak is, het kliniese navorsing nie beslissende bewys van enige effekte nie. Groen tee word op verskillende maniere verwerk en gegroei, afhangende van die tipe groen tee. As gevolg van verskillende metodes bepaal dit die aroma en smaak.
90370
Maria Osmarina Marina Silva Vaz de Lima (* 8 Februarie 1958) is 'n Brasiliaanse politikus. Sy was senator van die Republiek. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Marina Silva. Brazilian presidential profile: Marina Silva London 2012 Olympics: Brazilians caught up in right royal kerfuffle over Danny Boyle's opening ceremony Brazil's Marina Silva and Socialists eye 2014 electionsBBC Brazilian Presidential Candidate Dies in Plane Crash, Upsetting RaceNY Times Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
11238
’n Delik kan omskryf word as ’n onregmatige skuldige handeling van ’n persoon wat ’n ander persoon skade berokken. Deliktereg (die Engelse term in Suid-Afrika is delict maar oral anders tort, woord afkomstig van ’n Franse woord wat “onreg, misdaad” beteken) vorm deel van die privaatreg en moet onderskei word van die strafreg. Deliktereg word soms gesien as die privaatregtelike element van strafreg. Kousaliteit is ’n vereiste vir deliktuele aanspreeklikheid en die eiser moet op ’n oorwig van waarskynlikheid bewys dat daar ’n feitelike verband getrek kan word tussen sy gelede skade en die verweerder se optrede. Die Suid-Afrikaanse deliktereg, soos die meeste ander regstelsels,volg ’n tweeledige benadering ten opsigte van kousaliteit: ten eerstens moet ’n feitelike kousale verband tussen die eiser se skade en die verweerder se optrede vasgelê word; en tweedens, aangesien die feitelike gevolge van ’n verweerder se optrede ad infinitum kan strek en daar ’n onbeperkte aantal feitelike oorsake bestaan wat op ’n eiser se skade kan inwerk, moet die potensiële probleem van grenslose aanspreeklikheid aangespreek word.
59121
'n Oseaan is 'n min of meer selfstandige wêreldsee tussen kontinente en kan verskeie (kleiner) seë bevat. Die woord oseaan kom van die Griekse Okeanos, wat in mitologie die personifikasie van die wêreldsee is. Die aarde se oseane beslaan twee derdes van die oppervlak van ons planeet. Die oseane en seë beslaan ongeveer 2/3 (70%) van die aarde se oppervlak, terwyl slegs 1/3 (30%) van die oppervlak land is. Hierdie watermassa laat die Aarde soos 'n blou albaster lyk wanneer 'n mens uit die ruimte daarna kyk. Die mens is vir baie van sy bedrywighede op die oseane aangewese. Hoe ons hierdie oseane behandel, is daarom uiters belangrik - hulle word trouens soms as 'n barometer beskou van hoe gesond ons planeet is. Net 'n bietjie van die oseaan se water is vars - die water in riviere en mere, asook grondwater en die ys van die poolkappe. Die mens is van water afhanklik vir sy voortbestaan. Die aarde is die enigste planeet waarop water in vloeistofvorm voorkom.
84272
El Corte Inglés S.A. ("Die Engelse Snit") is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook op die Baleariese en Kanariese Eilande. El Corte Inglés is tans die enigste afdelingswinkelketting in Spanje en het sy sakebelange uitgebrei na ander besigheidsformate, waaronder Hipercor - hipermarkte Tiendas de proximidad - supermarkte Repsol Opencor - kafees by petrolstasies Sfera - modewinkelketting Optica 2000 - optiese winkels wat ook gehoorapparate verkoop Bricor - tuisdekor- en selfdoenwinkels Viajes El Corte Inglés - reisagentskap Seguros El Corte Inglés - versekeringsmaatskappy Wikimedia Commons het meer media in die kategorie El Corte Inglés. Europese webwerf van El Corte Inglés Spaanse webwerf van El Corte Inglés Portugese webwerf van El Corte Inglés Geargiveer 22 Februarie 2014 op Wayback Machine
82072
Maya Yoshida (gebore 24 Augustus 1988) is 'n Japannese sokkerspeler. Hy het vir die Japanse nasionale sokkerspan uitgedraf. "Premier League Clubs submit Squad Lists" (PDF). Premier League. 3 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Oktober 2014. Besoek op 2 Januarie 2015. "Maya Yoshida". fifa.com (in Engels). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2015. Besoek op 15 Januarie 2014. "Maya Yoshida profile" (in Engels). Southampton FC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2016. Besoek op 2 Maart 2015. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maya Yoshida. Japan National Football Team Database Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
194211
'n Bra, kortweg vir brasserie (ook in Afrikaans bekend as 'n buustelyfie), is 'n vormpas onderlyfband ontwerp om die draer se borste te ondersteun of te bedek. Swemdrag, hemde, en ruglose rokke kan ook ontwerp word met ingeboude borsondersteuning. Die meeste bra's bestaan uit 'n band om die borskas onder die borste, twee bekers waarin die borste pas en twee skouerbandjies. Bra's is komplekse kledingstukke wat van baie dele vervaardig word. 'n Tipiese bra bestaan uit twintig tot vyftig meestal klein dele, dikwels van verskillende materiale gemaak. Boonop moet die struktuur en die nate baie robuus wees en die bra, wat direk op die vel gedra word, moet gemaklik voel. Oorspronklik is linne, katoen en lapdoek gebruik vir die vervaardiging van bras, met verborge stikwerk aanmekaar toegewerk. Deesdae word bras vervaardig uit dosyne stowwe, waaronder Tricot, elastaan, lateks, mikrovesel, satyn, Jacquard, skuim, gaas en kant. Vulsels of pads van skuim, silikoon of lugsakkies word soms in die bekers geplaas. Die meerderheid van die bra's is ook toegerus met vlegsels of ribbes op die ondersteuningstukke.
137307
Didius Julianus (Latyn: Marcus Didius Severus Julianus Augustus) (Mediolanum, 30 Januarie 133 of 2 Februarie 137 - Rome, 1 Junie 193), was van 28 Maart tot 2 Junie 193 drie maande lank keiser van die Romeinse Ryk. Lys van Romeinse keisers Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
374896
Die koningluislang (Python regius), ook genoem die balluislang, is 'n luislangsoort wat inheems is aan Wes- en Sentraal-Afrika, waar dit in grasvelde, struike en oop woude woon. Dit word as die minste kommer op die IUBN-rooilys gelys vanweë die wye verspreiding daarvan. Dit word bedreig deur die jag vir sy vleis en vir die internasionale handel in troeteldiere. Hierdie nie-giftige konstriktor is die kleinste van die Afrikaanse luislange en groei tot 'n maksimumlengte van 182 cm (72 duim of ses voet). Die Engelse naam ball python verwys na die slang se neiging om in 'n bal te krul as dit gestres of bang is. Die balluislang is swart of donkerbruin met ligbruin vlekke aan die agterkant en sye. Die wit of roombuik is versprei met swart merke. Dit is 'n bonkige slang met 'n relatiewe klein kop en gladde skubbe. Beide geslagte het pelviese spore aan beide kante van die anus. Gedurende kopulasie gebruik mannetjies hierdie spore om die wyfie vas te hou.
389082
"Roesski wojenni korabl, idi na choei!" (Russies: Русский военный корабль, иди нахуй), was die laaste opmerking deur Roman Gribof, wat op Slangeiland in die Swartsee gestasioneer was tydens die Russiese aanval op die eiland op 24 Februarie 2022, wat deel was van die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Dit kan vertaal word as "Russiese oorlogskip, fok weg." Die Russiese kruiser het die Oekraïense soldate op die eiland beveel om oor te gee, waarna die verdedigers die opmerking gemaak het. Die 13 Oekraïners op die eiland is óf vermoor óf gevange geneem. Opnames van die gesprek is wyd op die internet versprei en het gou gewild geraak. Dit word sedertdien gebruik as 'n uitroep van die Oekraïense weermag en burgerlikes wat teen die inval betoog. Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, het aangekondig hy sou aan die soldate op Slangeiland "nadoods" die hoogste toekenning, Held van Oekraïne, toeken. 'n Ander uitdrukking wat op die internet gewild geraak het, reeds in 2014 maar veral sedert die Russiese inval, is Poetin – choeilo! ("Poetin is 'n pielnek!")
221384
Monica Gill (gebore 24 Junie 1991) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Ambarsariya (2016), Sardaarji 2 (2016), Firangi (2017), en Paltan (2018). 2016: Ambarsariya 2016: Sardaarji 2 2016: Kaptaan 2017: Firangi 2017: Sat Shri Akaal England 2018: Paltan 2018: Punj Khaab 2015: MTV India's Next Top Model Monica Gill in die Internet-rolprentdatabasis Monica Gill op Twitter Monica Gill op Facebook Monica Gill op Instagram
101411
Die nasionale vlag van Rusland is op 11 Desember 1993 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie vertikale bane van bo na onder in wit, blou en rooi. Hoewel daar verskillende teorieë oor die oorsprong van en die redes vir die keuse van die wit, blou en rooi is, word geeneen amptelik aanvaar as die korrekte weergawe. In die Russiese wetgewing word geen amptelike betekenisse aan die kleure toegeken nie. Volgens een teorie kom die kleure van die wapen van Moskowië wat Sint Joris met ’n wit bewapening en ’n blou mantel, rydend op ’n wit perd, op ’n rooi veld uitbeeld. Volgens ’n ander teorie word hierdie kleure geassosieer met die kleed van die maagd Maria, die beskermvrou van Rusland. Nog ’n ander interpretasie van die kleure is dat dit die Russiese sosiale stelsel ten tyde van die Russiese Keiserryk simboliseer: die wit stel God voor, die blou stel die keiser voor en die rooi die landbouers en lyfeienes. Dan is daar ook ’n interpretasie dat die kleure saamhang met die belangrikste dele van die Russiese Keiserryk: die wit stel Wit-Rusland voor, die blou stel Klein Rusland (Oekraïne) voor en die rooi stel Groot Rusland (die Russiese kerngebied) voor.
209320
Steven Krueger (gebore 25 Mei 1989) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Goosebumps (2015) en in die televisiereekse Two and a Half Men (2003), Pretty Little Liars (2010), en The Originals (2013). 2015: Goosebumps 2016: Satanic 2003: Two and a Half Men 2010: Pretty Little Liars 2013: The Originals 2017: A Surrogate's Nightmare Steven Krueger in die Internet-rolprentdatabasis
138689
Nassim Nicholas Taleb (Amioun, 1960; Arabies: نسيمنيقولانجيبطالب; alternatiewe spellings van voornaam: Nessim of Nissim) is 'n Libanees-Amerikaanse outeur, geleerde, statistikus, voormalige derivaat-handelaar en risiko-ontleder. Sy werk fokus op probleme van willekeurigheid, waarskynlikheid en onsekerheid. Sy 2007 boek The Black Swan is in 'n resensie deur The Sunday Times beskryf as een van die twaalf mees invloedryke boeke sedert die Tweede Wêreldoorlog. Taleb is 'n skrywer en is professor aan verskeie universiteite en sedert September 2008 as besonderse professor in risiko-ingenieurswese aan die New York Universiteit se Tandon Skool vir Ingenieurswese. Hy was mede-redakteur van die akademiese tydskrif Risk and Decision Analysis sedert September 2014. Hy is ook 'n praktisyn van wiskundige finansies, 'n verskansingsfondsbestuurder, en 'n derivaathandelaar, en is tans as wetenskaplike adviseur by Universa Investments. Hy het kritiek op die risikobestuursmetodes wat deur die finansiesbedryf gebruik is en gewaarsku oor finansiële krisisse, wat daarna voordeel trek uit die finansiële krisis van die laat 2000's. Hy pleit vir wat hy 'n "swartswaan robuuste" samelewing noem, wat 'n samelewing wat moeilik om te voorspel gebeure kan weerstaan.
68436
Die Río Paraná (Guaraní: Ysyry Parana, Portugees: Rio Paraná), is 'n groot suid-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 4 880 km, is die tweede langste rivier in Suid-Amerika ná die Amesonerivier. Die naam van die rivier is afgelei van die Tupi-frase para rehe onáva, wat beteken "soos die meer" (dit is, "so groot soos die meer"). Die Río Paraná ontstaan deur die saamvloei van die Rio Paranaíba en die Rio Grande aan die plek, waar die Brasiliaanse deelstate Minas Gerais, São Paulo en Mato Grosso do Sul 'n drielandepunt vorm. Aansluitend vloei die rivier 619 km in suidwestelike rigting, waar dit baie damme deurvloei. Later bereik die Río Paraná Saltos del Guaira in Paraguay. Vir die volgende 200 km vorm die rivier die grens tussen Paraguay en Brasilië, voordat die Rio Iguaçu in die Río Paraná uitmond. Vanaf hier vorm die Río Paraná die grens tussen Paraguay en Argentinië. Die rivier vloei verdere 468 km in suidelike rigting, voordat dit vir 820 km in westelike rigting vloei.
69258
Hai Phong (Viëtnamees: Hải Phòng) is 'n stad in die noorde van Viëtnam. Die stad het 'n bevolking van 1 884 685 gehad en is die derde grootste stad van die land ná die hoofstad Hanoi en Ho Chi Minh-stad. Hai Phong is geleë net suidwes van die grens met die Volksrepubliek China en suidoos van Hanoi. Die stad lê aan die monding van die Rooirivier in die Golf van Tonkin. Hai Phong is die tweede belangrikste hawestad van Viëtnam ná Ho Chi Minh-stad en dien as hawe van Hanoi. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hai Phong. (en) Toerisme-inligting oor Haiphong op Wikivoyage (vi) Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
234885
Hierdie artikel handel oor die bergreeks in Sentraal-Asië. Vir die ou hoofstad van die Mongoolse Ryk, sien Karakoroem. Die Karakoram (Chinees: 喀喇崑崙山脈; Hindi: काराकोरम पर्वतशृंखला; Oerdoe: سلسلہ کوہ قراقرم‬) is 'n bergreeks in Sentraal-Asië aan die kruispunt van die Himalaja met die Tiensjan, Pamir, Kunlun en Hindoekoesj op die omstrede grense van Afghanistan, Indië, Pakistan, Tadjikistan en die Volksrepubliek China. Die hoogste bergpiek, K2, is met 8 614 meter bo seevlak die tweede hoogste berg ter wêreld net na Berg Everest. Die drie ander berge met 'n hoogte van meer as 8 000 m is Gasherbrum I (8 080 m), Broad Peak (8 051 m) en Gasherbrum II (8 035 m), almal op die omstrede grens tussen Pakistan en Xinjiang (Volksrepubliek China). Karakoram is 'n Turkse term wat "swart gruis" beteken. In antieke Sanskrittekste (Puranas) word na dié bergreeks met die naam Krishnagiri ("swart berge") verwys.
218092
Caitlin Carmichael (gebore 2 Julie 2004) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente 300: Rise of an Empire (2014), Wheelman (2017), en Life Itself (2018). 2012: Lizzie 2014: 300: Rise of an Empire 2014: Being American 2015: Martyrs 2015: Grace Stirs Up Success 2016: The Night Visitor 2: Heather's Story 2016: A Mermaid's Tale 2017: Wheelman 2018: Life Itself Little Buddy Epiphany 2010: TinaQ's Celebrity Interviews 2012: Supermoms 2013: Chosen 2018: Dwight in Shining Armor 2015: Portrait of Love 2016: The Dandy Warhols: Catcher in the Rye Caitlin Carmichael in die Internet-rolprentdatabasis
47104
'n Stoomenjin is 'n hitte-enjin wat meganiese werk doen deur stoom as 'n werkende vloeier te gebruik. Die idee om kokende water te gebruik met die doel om meganiese beweging te produseer het 'n lang geskiedenis, wat omtrent 2 000 jaar terug dateer. Die vroeë toestelle was nie praktiese kragprodusente nie, maar in die laaste 300 jaar het meer gevorderde ontwerpe wat bruikbare krag kon produseer 'n hoofbron van meganiese krag geword. Dit het gelei tot die Industriële Revolusie, wat begin het met toepassings vir mynwaterverwydering deur vakuumenjins te gebruik. Ontwikkelings wat daarop gevolg het, het die energie van stoom wat onder druk geplaas is gebruik deur dit om te skakel na roterende beweging. Dit het die aandrywing van vervaardigingsmasjinerie verbreed, en die bedryf daarvan in staat gestel om enige plek waar water en hout- of steenkoolbrandstowwe verkry kon word. Voorheen was dit beperk tot die ligging van waterwiele of windmeule. Hierdie kragbron sou later toegepas word in hoofaandryfmasjiene, beweegbare toestelle soos stoomtrekkers en spoorweg lokomotiewe. Moderne stoomturbines genereer omtrent 80% van die elektriese krag in die wêreld deur 'n verskeidenheid hittebronne te gebruik.
100045
Opel (amptelik "Adam Opel AG") is 'n Duitse motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Rüsselsheim, Hesse, Duitsland, en 'n filiaal van Groupe PSA. Die maatskappy ontwerp, ontwikkel, vervaardig en versprei Opel-handelsmerk passasiersvoertuie, ligte kommersiële voertuie en motoronderdele vir verspreiding na Afrika, Asië, Europa en Suid-Amerika. Opelvoertuie word ook verkoop onder die handelsnaam Buick in die Verenigde State van Amerika, Kanada, Meksiko en China, die handelsnaam Holden in Australië en Nieu-Seeland en die handelsnaam Vauxhall in die Verenigde Koninkryk. Opel se wortels dateer terug na 'n firma wat naaimasjiene vervaardig het, wat deur Adam Opel in 1862 gestig is. Die maatskappy het fietse begin vervaardiging in 1886 en sy eerste motor volg in 1899. Opel word 'n beperkte aandelemaatskappy (Duits: Aktiengesellschaft) in 1929; die Amerikaanse General Motors het 'n meerderheidsbelang in Opel bekom in dieselfde jaar. General Motors verkry volle beheer in 1931 en tot vandag toe is Adam Opel AG steeds 'n volfiliaal van die General Motors Company. Adam Opel AG is die moedermaatskappy van General Motors UK Limited, beter bekend as Vauxhall, en verskeie ander filiale van General Motors.
11587
Letterkunde of literatuur (Latyn "Litterae" mv. van "letter") is geskrewe taalkunswerke wat op grond van gemeenskaplike taal of verwantskap, kultuur, periode, styl, lewensbeskouing of ander faktore met mekaar saamhang. Die estetiese waarde van letterkunde lê in die skoonheid van taalgebruik en/of die gevoel wat dit by die leser aanwakker. Literatuur word onderskei van lektuur of leesstof, wat alle geskrewe werk insluit, deur die estetiese universele waarde wat dit besit. 'n Letterkundige bestudeer tekste wat tot die literatuur gereken word, dus die fenomeen van literatuur in die breë sin. Iemand wat as letterkundige werksaam is, word ook 'n literator genoem, wat ook breedweg die betekenis kan dra van iemand wat homself algeheel aan die lettere wy. Ook kan 'n toegewyde skrywer, dus nie 'n ondersoeker nie maar 'n beoefenaar van die letterkunde, bekend staan as 'n letterkundige of literator. Literatuur kan algemeen opgedeel word in twee tegnieke, prosa en poësie en twee vorme, fiksie en nie-fiksie. Nie-fiksie as kategorie sluit onder andere polemiese werke, biografieë en nadenkende essays in terwyl verbeeldingswerke tekste insluit soos fiksie, drama of poësie).
120530
Hierdie artikel handel oor die begrip in Hindoeïsme. Vir ander gebruike sien Avatar (dubbelsinnig). ’n Avatar (Sanskrit: अवतार avatāra) is ’n begrip in Hindoeïsme wat "neerdaling" beteken; dit verwys na die verskyning of inkarnasie van ’n godheid op aarde. Die term verwys ook in die algemeen na "’n verskyning maak" en word soms vir enige ghoeroe of mens gebruik. Die woord "avatar" verskyn nie in Vediese geskrifte nie, maar wel as werkwoord in post-Vediese tekste, en ná die 6de eeu veral in die Puranas as selfstandige naamwoord. Volgens die Rigveda het Indra die geheimsinnige krag om willekeurig enige vorm aan te neem. Die Bhagavad Gita verduidelik die begrip, maar gebruik nie die woord "avatar" nie. Teologies word die woord meestal verbind met die Hindoegod Vishnu, hoewel die idee ook al op ander gode toegepas is. Verskeie lyste van Vishnu se avatars verskyn in Hindoegeskrifte, onder meer die 10 "Dashavatara" van die Garuda Purana en die 22 in die Bhagavata Purana, hoewel laasgenoemde byvoeg Vishnu se inkarnasies is ontelbaar.
298687
Fanny Ardant (gebore 22 Maart 1949) is 'n Franse aktrise, regisseuse, en skryfster.
108254
Terence Steven "Steve" McQueen (24 Maart 1930 – 7 November 1980) was ’n Amerikaanse akteur. Met sy antiheld-persoonlikheid tydens die hoogtepunt van die teenkultuurbeweging van die 1960's was die "King of Cool", soos hy genoem is, in die 1960's en 1970's ’n top-aantrekkingskrag by die loket. Hy het ’n Oscar-benoeming gekry vir sy spel in The Sand Pebbles. Sy ander gewilde prente was onder meer The Cincinnati Kid, The Thomas Crown Affair, Bullitt, The Getaway en Papillon, en hy was een van ’n hele span bekende akteurs in prente soos The Magnificent Seven, The Great Escape en The Towering Inferno. McQueen het in 1952 toneelspel in New York begin studeer. Hy het sover bekend in dieselfde jaar vir die eerste keer op die verhoog verskyn; sy karakter in ’n Jiddisje toneelstuk het een reël gehad om te sê: "Alts iz farloyrn." ("Alles is verlore."). Hy het geld begin verdien deur naweke aan motorfietsrenne in Long Island deel te neem en het in dié tyd die eerste van baie motorfietse gekoop: ’n Harley-Davidson.
263329
Margaret Lawder (1900-1983) was 'n Ierse en Suid-Afrikaanse plantkundige bekend vir haar bewaringswerk. In 1922 het sy op 22-jarige ouderdom geëmigreer na die Kaap die Goeie Hoop met haar man Edward Francis Lawder RN en hulle het amptelike plantversamelaars geword vir die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad. Edward het foto's van die blomme geneem en Margaret het die beskrywings van hulle geskryf. Hulle het artikels bygedra tot die Journal of the Botanical Society beide voor en na dit Veld & Flora hernoem was. Hulle het ook artikels oor Kaapse plante aan ander Suid-Afrikaanse- en internasionale joernale bygedra. Lawder het op Leliefonteinplaas geleef in die Klein Drakenstein gebied. Sy het die kweek van Watsonia marginata, 'n plant wat endemies aan Leliefonteinplaas is, aangemoedig. In 1931 was sy een van die stigterslede van die Paarl Verfraaiendegenootskap toe die gebied met uitheemse plantegroei oorweldig is. Hulle het 'n inheemse tuin gevestig in 'n gedeelte van die Paarlberg Natuurreservaat, bekend as Meulwater Wildblomreservaat. Sy was ook 'n stigterslid en die eerste president van die landtuinklub (in Engels: Country Garden Club) in die Paarl-distrik.
251461
Holliday Grainger (gebore 27 Maart 1988) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Cinderella (2015), The Finest Hours (2016), en My Cousin Rachel (2017). 2009: The Scouting Book for Boys 2015: Cinderella 2016: The Finest Hours 2017: My Cousin Rachel 2017: Tulip Fever 2018: Halo of Stars 2018: Tell It to the Bees 2019: Animals 1996: Roger and the Rottentrolls 2011: The Borgias 2017: C.B. Strike 2003: The Illustrated Mum 2007: The Bad Mother's Handbook 2009: Mark's Brilliant Blog 2010: Stanley Park 2015: Lady Chatterley's Lover 2013: World of Borgias Holliday Grainger in die Internet-rolprentdatabasis
229015
Paula Trickey (gebore 27 Maart 1966) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Crimes of the Mind (2014) en Christmas in the Heartland (2017). 2010: Locked Away 2014: Crimes of the Mind 2017: Christmas in the Heartland Escape from Paradise 1994: Fortune Hunter 1996: Pacific Blue 1990: The TV Academy Annual Tribute: A Salute to Angela Lansbury 2005: McBride: Murder Past Midnight 2006: Past Tense 2007: 'Til Lies Do Us Part 2011: Betrayed at 17 2017: Running Away 1999: The Base Paula Trickey in die Internet-rolprentdatabasis Paula Trickey op Twitter
208063
William Daniels (gebore 31 Maart 1927) is 'n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Graduate (1967), 1776 (1972), en The Blue Lagoon (1980), en in die televisiereeks St. Elsewhere (1982). 1963: Ladybug Ladybug 1967: The Graduate 1967: Two for the Road 1972: 1776 1974: The Parallax View 1978: The One and Only 1980: The Blue Lagoon 1987: Blind Date 1989: Her Alibi 1967: Captain Nice 1976: The Nancy Walker Show 1980: Freebie and the Bean 1982: St. Elsewhere 1993: Boy Meets World 1994: The American Revolution 2002: Storyline Online 2012: Paulilu Mixtape 2016: Chalkskin 10 1973: Murdock's Gang 1973: The Lie 1973: The Fabulous Doctor Fable 1974: A Case of Rape 1975: One of Our Own 1975: Sarah T. - Portrait of a Teenage Alcoholic 1976: That Was the Year That Was - 1976 1977: Instant Family 1979: The Chinese Typewriter 1979: Heaven on Earth 1980: Father Damien: The Leper Priest 1982: Drop-Out Father 1987: The Little Match Girl 1989: Howard Beach: Making a Case for Murder 1990: Life in Desire 2003: Crazy Love 2004: Knight Rider: Under the Hood - 'Knight Rider' Season 1 DVD 2005: Virage de modes "William Daniels Biography (1927–)". filmreference.com (in Engels).
218151
Jessica Cauffiel (gebore 30 Maart 1976) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Legally Blonde (2001), Stuck on You (2003), The World's Fastest Indian (2005), en Guess Who (2005). 2001: Legally Blonde 2003: Stuck on You 2005: The World's Fastest Indian 2005: Guess Who 2011: The Original Mind 2016: Master 2002: Movie House 2009: Ice Dreams 2005: Infiltrating D.E.B.S. 2006: The Making of 'The World's Fastest Indian' Jessica Cauffiel in die Internet-rolprentdatabasis
221455
Elizabeth Gracen (gebore 3 April 1961) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Expert (1995) en Coherence (2013), en in die televisiereekse Highlander (1992) en Highlander: The Raven (1998). 1994: Discretion Assured 1995: The Expert 2013: Coherence 2014: The Damn Deal 2016: Dance for Joy 2017: Lee 2018: Highlander Worldwide 10: The Gathering 1992: Highlander 1998: Highlander: The Raven 2014: Suspense 1990: 83 Hours 'Til Dawn 1990: The Death of the Incredible Hulk 1992: The Sands of Time 2002: Interceptor Force 2 1991: Lower Level 1994: Final Mission Elizabeth Gracen in die Internet-rolprentdatabasis
217524
Jaimie Alexander (gebore 12 Maart 1984) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Thor (2011), The Last Stand (2013), en Thor: The Dark World (2013), en in die televisiereeks Kyle XY (2006). 2004: Squirrel Trap 2006: The Other Side 2011: Thor 2011: Loosies 2013: The Last Stand 2013: Thor: The Dark World 2013: Collision 2013: Savannah 2016: Broken Vows 2006: Kyle XY 2006: Watch Over Me 2010: Ultradome 2015: Blindspot 2017: The F Word 2014: Open 2016: A Toast to 2016! 2018: The 23rd Annual Critics' Choice Awards 2006: Rest Stop 2007: Hallowed Ground 2007: Entering the Other Side 2011: Marvel LIVE!
218091
Julie Carmen (gebore 4 April 1954) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Gloria (1980), Fright Night Part 2 (1988), The Milagro Beanfield War (1988), en In the Mouth of Madness (1994). 1980: Gloria 1982: Comeback 1982: The Man on the Wall 1983: Last Plane Out 1988: Fright Night Part 2 1988: The Milagro Beanfield War 1988: Lovers, Partners & Spies 1988: The Penitent 1989: Paint It Black 1991: Kiss Me a Killer 1994: In the Mouth of Madness 1996: África 2000: King of the Jungle 2005: Angels with Angles 2009: Falling Awake 1981: McClain's Law 1982: Cassie & Co. 1983: Condo 1979: Can You Hear the Laughter? The Story of Freddie Prinze 1981: Fire on the Mountain 1981: 300 Miles for Stephanie 1988: Police Story: Burnout 1989: Manhunt: Search for the Night Stalker 1992: Drug Wars: The Cocaine Cartel 1993: Curacao 1998: Gargantua 1987: Breastfeeding Your Baby: A Mother's Guide 1989: The Last Plane from Coramaya 2016: A Beautiful Darkness: The Look of Regine Julie Carmen in die Internet-rolprentdatabasis
308861
Ostermundigen Ostermundigen is 'n munisipaliteit in kanton Bern, in die distrik Bern-Mittelland van Switserland. In 2018 het 17 546 mense in die munisipaliteit gewoon. In 2020 het meeste van die inwoners Duits gepraat. Demografische Bilanz nach institutionellen Gliederungen STAT-TAB Datenwürfel für Thema 40.3 - 2000
251160
Carole Ashby (gebore 23 Maart 1955) is 'n Engelse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Octopussy (1983), A View to a Kill (1985), en Savage Hearts (1995), en in die televisiereeks 'Allo 'Allo! (1982). 1983: Octopussy 1985: A View to a Kill 1995: Savage Hearts 1998: Cash in Hand 2000: I Used to Be in Pictures 1980: The Saints Went Marching Out 1982: 'Allo 'Allo! Carole Ashby in die Internet-rolprentdatabasis
223090
Ellen Greene (gebore 22 Februarie 1951) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Little Shop of Horrors (1986), Léon: The Professional (1994), One Fine Day (1996), en The Cooler (2003). 1976: Next Stop, Greenwich Village 1986: Little Shop of Horrors 1988: Me and Him 1988: Talk Radio 1994: Léon: The Professional 1995: Killer: A Journal of Murder 1996: One Fine Day 1997: States of Control 2001: Alex in Wonder 2003: The Cooler 2016: Muddy Corman 2007: Pushing Daisies 2007: Out of Jimmy's Head 2011: The Walking Dead: Webisodes 1978: The Rock Rainbow 1983: The Special Magic of Herself the Elf 1987: Morning Maggie 1989: Glory! Glory! 1992: Liza Minnelli Live from Radio City Music Hall 2004: Standing Ovations 2 2005: 10 Year Retrospective: Cast and Crew Look Back Ellen Greene in die Internet-rolprentdatabasis
87255
Die Avro Shackleton was 'n Britse langafstand-maritieme patrollievliegtuig vir gebruik deur die Britse Lugmag (RAF) en die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM). Dit is ontwikkel deur Avro uit die Avro Lincoln bomwerper, self 'n ontwikkeling van die beroemde Avro Lancaster bomwerper. Die tipe se nooiensvlug was in 1949 en is vernoem na die Suidpool-ontdekkingsreisiger Sir Ernest Shackleton. Aanvanklik (1958-1970) is dit slegs gebruik vir opsporing en bestryding van duikbote, maar in die tydperk 1957 tot 1984 ook as maritieme patrollievliegtuig in die lugmag van Suid-Afrika. Op 8 Augustus 1963 het 'n Shackleton (reg. 1718/K) van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Stettynsberg vas gevlieg en al 13 bemanningslede sterf. https://aviation-safety.net/database/record.php?id=19630808-0
72411
Die Wes-Midlands (Engels: West Midlands) is 'n metropolitaanse graafskap in Engeland (Verenigde Koninkryk). Die graafskap sluit die stede Birmingham, Coventry en Wolverhampton in. Die Wes-Midlands het 'n geskatte bevolking van 2 897 300 in 2017 gehad. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wes-Midlands. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
14993
Die genitief of genitiewe naamval (Latyn genus wat "afkoms" beteken) of vierde naamval is die naamval wat gebruik word om besit uit te druk, een van agt oorspronklike naamvalle vanuit die Proto-Indo-Europese taal. Naamvalle het oorspronklik die verhouding van die selfstandige naamwoord met die werkwoord uitgedruk. In Afrikaans het die genitiewe naamval feitlik heeltemal sy funksie verloor om as selfstandige naamwoordvorm gebruik te word teenoor werkwoorde wat besitting aandui, behalwe in die geval van die werkwoord "om te wees", as dit gebruik word om besitsverband te impliseer, byvoorbeeld: "Die plan is myne. Ek aanvaar die blaam", en "om te hê", soos byvoorbeeld met die omkering van nominatief en genitief in die vorige sin: "Ek het die plan (gehad). Ek aanvaar die blaam." Die genitiewe naamval word hedendaags meestal gebruik om die besittersverhouding tussen twee naamwoorde aan te toon.
531
Die jaar 1919 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Stigting van die Bauhaus in Weimar (Duitsland). Generaal Jan Christian Smuts word die tweede Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika. Alcock en Brown is die eerste vlieëniers wat 'n ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan voltooi. 19 Februarie– Die tweede Pan-Afrika Kongres begin in Parys. 4 Maart – Die Slangkopvuurtoring in Kommetjie, op die Kaapse Skiereiland word in gebruik geneem. 13 April – Die Amritsar-slagting vind plaas. 21 Mei – Eerste uitgawe van Landbouw-weekblad verskyn in Bloemfontein. 21 Junie – Die Kanadese berede polisie skiet op ’n skare werklose oorlogsveterane, met twee noodlottig gewond, tydens 'n algemene staking in Winnipeg. 28 Junie – Die Verdrag van Versailles is onderteken en beëindig die Eerste Wêreldoorlog. 3 Julie – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Naupactus en nuntius in Pole.
311329
Hermann Wilhelm Göring (12 Januarie 1893 - 15 Oktober 1946) was 'n Duitse politieke en militêre leier, oorlogsmisdadiger en 'n lid van die Nazi-party. Hy was 'n vlieënier in die Eerste Wêreldoorlog en later toe die Nazi-party in bewind gekom het is hy bevelvoerder van die Luftwaffe gemaak, 'n titel wat hy gehou het totdat hy in die laaste dae van Nazi-Duitsland deur Robert Ritter von Greim vervang is. Sy vader is Heinrich Göring. Hy was 'n vroeë lid van die Nazi-party, waar hy een die gewondes in Adolf Hitler se mislukte putsch van 1923 was. Toe hy behandeling vir sy wonde gekry het, het hy 'n verslawing aan morfien ontwikkel. Toe Hitler in 1933 kanselier geword het hy Göring Minister sonder portefeulje gemaak. Een van sy eerste aksies was om die Gestapo te vorm, wat hy in 1934 aan Heinrich Himmler gegee het. Hy het vinnig magtig geword en het gou die tweede magtigste man in Nazi-Duitsland, na Hitler, geword.
73192
Joe Stewardson (1927–1997) was 'n Suid-Afrikaanse akteur, skrywer en regisseur. Hy was die pa van die akteurs Deon Stewardson en Mathew Stewardson. As akteur: Act of Piracy, 1990 as Agent Johnson Brutal Glory (video), 1990 as Harry Selby Laser Mission, 1989 as Prof. Rice (nie gekrediteer nie) Enemy Unseen, 1989 as Stevens Circles in a Forest, 1989 as Joram Barnard Merchants of War, 1989 as Witherspoon Jewel of the Gods, 1989 White Ghost, 1988 as Gen. Stafford Kick or Die, 1987 as John Campo Scavengers, 1987 as vlugkontroleurder Torn Allegiance, 1986 as die Britse Kolonel Grey You're in the Movies, 1986 as verteller (stem) Broer Matie, 1984 as Matie Olivier, die boer wat skielik sterf. City of Blood, 1983 as Joe Hendersen City Lovers, 1982 as Dr. Franz Von Leinsdorff The Super-Jocks, 1980 Follow That Rainbow, 1979 as Johnny Madison Flatfoot in Africa, 1978 as Klein Smollet Les diamants du président (TV mini-reeks), 1977 My Way II, 1977 Target of an Assassin, 1977 as Dr. Ben Schaeffer Funny People, 1976 as verteller La diosa virgen, 1974 as Flint (stem) (nie gekrediteer nie)
55385
Die Sơn Đoòng-grot (in Viëtnamees: Hang Sơn Đoòng, of Bergriviergrot) is 'n massiewe grot wat as die grootste grot ter wêreld beskou word. Hierdie grot is in die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park in die provinsie Quang Binh in Viëtnam geleë, naby die grens met Laos. Ondanks die grot se grootte is dit eers in 1991 ontdek en in 2009 aan die publiek bekend gestel. Die Son Doong-grot bestaan uit 'n lang tonnel van meer as vier kilometer in lengte. Hierdie tonnel is op plekke tot 180 meter hoog en 90 meter breed. Die Son Doong-rivier, 'n groot, vinnig vloeiende ondergrondse rivier loop deur die grot. Dykes, Brett Michael. "Explorers discover spectacular caves in Vietnam" (in Engels). Yahoo!. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2011. Besoek op 5 Januarie 2011. "Quá kỳ vĩ Hang Sơn Đoòng". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2015. Besoek op 25 Januarie 2013. "Vietnam's Mammoth Cavern". Besoek op 2010-12-21. National Geographic – prente van Hang Son Doong Koördinate: 17°32′13″N 106°9′5″O / 17.53694°N 106.15139°O / 17.53694; 106.15139 Hierdie artikel is ’n saadjie.
243256
Die Tisza (Duits: Theiß; Hongaars: Tisza, [ˈtisɒ]; Oekraïens: Тиса, Tisa, [ˈtɪsɑ]; Roemeens: Tisa, [ˈtisa]; Serwies: Тиса, Tisa, [tîsa]; Slowaaks: Tisa, [ˈtisa]; Latyn: Tissus; Antieke Grieks: Πάθισσος, Pathissus) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Sentraal- en Oos-Europa. Die rivier, met 'n lengte van 1 419 km, vorm die grootste sytak van die Donau (volgens sy gemiddelde afloop van 792 m³/s is die Tisza die tweede waterrykste takrivier ná die Sava, maar nog voor die Inn en die Drava). Die Tisza is eens die "mees Hongaarse rivier" genoem, omdat sy loop volledig in die Koninkryk Hongarye binne Oostenryk-Hongarye geleë was. Vandag vloei die Tisza deur vyf Europese lande en landskappe soos die Groot Hongaarse Laagvlakte, die Pannoniese Laagvlakte en die Poesta. Die stroomgebied van die Tisza word vir intensiewe boerdery gebruik. Die Tisza ontstaan deur die saamvloei van die Swart en Wit Tisza by Rachif, Oekraïne, in die Karpate, net noord van die grens tot Roemenië.
384985
Pegasus is spioenasieware wat ontwikkel is deur die Israeliese kuberwapenfirma NSO Group wat heimlik vir kuberspioenasie doeleindes geïnstalleer kan word op selfone (en ander toestelle) met die meeste weergawes van iOS en Android. Die onthullings van Pegasus-projek in 2021 dui daarop dat die Pegasus-sagteware alle onlangse iOS-weergawes tot iOS 14.6 kan gebruik. Sedert 2016 was Pegasus in staat om teksboodskappe te lees, oproepe op te spoor, wagwoorde te versamel, liggingopsporing te doen, toegang tot die mikrofoon en kamera van die teikenapparaat te verkry en inligting uit programme af te haal. Die spioenasieware is vernoem na Pegasus, die gevleuelde perd van die Griekse mitologie. Dit is 'n Trojaanse perd-rekenaarvirus wat 'deur die lug' gestuur kan word om selfone te besmet. Die NSO Group was voorheen in besit van die Amerikaanse private-ekwiteitsfirma Francisco Partners,, maar dit is in 2019 deur sy stigters teruggekoop. Die maatskappy verklaar dat dit "gemagtigde regerings voorsien van tegnologie wat hulle help om terrorisme en misdaad te bekamp" en dat dit 'n toonaangewende benadering tot menseregte het.
296535
Sergei Wiktorowitsj Lawrof (Russies: Серге́й Ви́кторович Лавро́в; gebore op 21 Maart 1950) is 'n Russiese diplomaat en politikus. In 2004 is hy aangestel as minister van buitelandse sake van Rusland. Voorheen was hy van 1994 tot 2004 die Russiese verteenwoordiger by die VN. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sergei Lawrof. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
50704
Paulus van Tarsus, ook bekend as Paulus die Apostel, die Apostel Paulus, en Sint Paulus, (Grieks: Σαούλ -(Saul), Σαῦλος (Saulos), en Παῦλος (Paulos); Latyn: Paulus of Paullus; Hebreeus: שאול התרסי Šaʾul HaTarsi (Saul van Tarsus) (c. 5 - c. 67 n.C.), was 'n Jood wat na homself verwys het as die "Apostel aan die Heidene". (Rom. 11:13) Volgens die Handelinge van die Apostels, het sy bekering tot geloof in Jesus plaasgevind in 'n diepsinnige lewensveranderende ervaring op die pad na Damaskus. Saam met Simon Petrus en Jakobus, word hy beskou as onder die belangrikste vroeë Christenleiers. Hy was ook 'n Romeinse burger — 'n bevoegdheid wat aan hom 'n bevoorregte regstatus verleen het rakende wette, eiendom en owerheidsgesag. Dertien sendbriewe in die Nuwe Testament word aan Paulus toegeskryf. In sekere hiervan word na verdere sendbriewe verwys, wat nie in die Bybel voorkom nie, soos 'n Laodiseaanse sendbrief. (Kol.
217755
Stephanie Beatriz (gebore 10 Februarie 1981) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Short Term 12 (2013), Ice Age: Collision Course (2016), en The Light of the Moon (2017), en in die televisiereeks Brooklyn Nine-Nine (2013). 2013: Short Term 12 2014: You're Not You 2016: Ice Age: Collision Course 2017: The Light of the Moon 2018: Half Magic 2012: AXS Live 2013: Brooklyn Nine-Nine 2013: Datzhott 2014: Top Chef Duels 2015: Danger & Eggs 2012: The Smart One 2014: Short Term 12: Behind the Scenes Stephanie Beatriz in die Internet-rolprentdatabasis Stephanie Beatriz op Twitter Stephanie Beatriz op Facebook Stephanie Beatriz op Instagram
127431
Space Exploration Technologies Corp., wat sake doen as SpaceX, is 'n Amerikaanse ruimtevaartvervaardiger en ruimtevervoermaatskappy met sy hoofkantoor in Hawthorne, Kalifornië. Dit is in 2002 deur die entrepreneur Elon Musk gestig met as doel die verlaging van ruimtevervoerkoste sodat die uiteindelike kolonisasie van Mars kan plaasvind. SpaceX het sedertdien die Falcon-lanseervoertuie en die Dragon-ruimtetuie ontwikkel; albei word tans gebruik om ruimtetuie in lae wentelbane om die Aarde te plaas. SpaceX se prestasies sluit in die eerste privaat vloeibaredryfmiddel-vuurpyl wat in 'n wentelbaan om die Aarde geplaas is (Falcon 1 in 2008); die eerste privaat maatskappy wat suksesvol 'n ruimtetuig kon lanseer, in 'n wentelbaan plaas en terugbring (Dragon in 2010); die eerste privaat maatskappy wat 'n ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie kon stuur (Dragon in 2012); die eerste vertikale landing van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2015); en die eerste hergebruik van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2017). Teen Maart 2017 het SpaceX-tuie die Internasionale Ruimtestasie reeds 10 keer besoek.
272593
Shirley Eaton (gebore 12 Januarie 1937) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Carry on Nurse (1959), Goldfinger (1964), Ten Little Indians (1965), en The Million Eyes of Sumuru (1967). 1955: The Love Match 1956: Three Men in a Boat 1956: Panic in the Parlor 1957: Your Past Is Showing 1957: Date with Disaster 1958: Carry On Sergeant 1958: Further Up the Creek 1959: Carry on Nurse 1959: In the Wake of a Stranger 1961: Dentist on the Job 1961: Nearly a Nasty Accident 1961: No Place Like Homicide! 1961: A Weekend with Lulu 1962: Our Man in the Caribbean 1963: The Girl Hunters 1964: Goldfinger 1964: Rhino! 1965: Ten Little Indians 1965: The Naked Brigade 1966: Around the World Under the Sea 1967: The Million Eyes of Sumuru 1967: Eight on the Lam 1969: Rio 70 1951: Parent-Craft 1955: Great Scott, It's Maynard 1957: Mostly Maynard 1959: Flying Standards 2016: Take Two 1954: Stand-In 1955: The Dance Dress 1957: The World Our Stage 1967: The Scorpio Letters 2001: Can We Carry On, Girls? 1995: The Goldfinger Phenomenon 2004: Rolling in Rio Shirley Eaton in die Internet-rolprentdatabasis
262919
Maria Olsen (gebore 22 Julie 1966) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Percy Jackson & the Olympians: The Lightning Thief (2010), Paranormal Activity 3 (2011), en Reunion (2015), en in die televisiereeks 8.13 (2010). 2009: Die-ner (Get It?) 2009: Shellter 2009: Blue Like the Morning 2010: Percy Jackson & the Olympians: The Lightning Thief 2010: Embers of the Sky 2011: Paranormal Activity 3 2012: The Amazing Adventures of the Living Corpse 2012: Payback Jack 2012: Folklore 2012: Scream, Zombie Scream 2013: Feed Me 2014: Way Down in Chinatown 2014: Faraway 2014: Something Sinister 2014: Another 2014: Trophy Heads 2015: Reunion 2015: Gore Orphanage 2016: Black Tar Road 2016: Consumption 2016: The Conduit 2016: Available 2016: 24 2017: Moon Creek Cemetery 2017: Our Friend Jon 2017: Who's There? 2017: Marrtown 2017: Hacked Off! 2018: Cockroaches 2018: I Spit on Your Grave: Deja Vu 2018: The Sunday Night Slaughter 2018: Failing Grace 2018: Kecksburg 2018: The Creature [Us] 2018: Departer 2018: BAB 2018: Krampus Origins 2018: Arbor Day 2018: Ashes 2019: Beast of Our Fathers 2019: Death Care 2019: Conspiracy Child The Road Killer Slash Blood Angel LoveTouchHate There's No Such Thing as Vampires Happy Ending Voodoo: Retribution The Note Harvest Moon Dead Hamptons Electrocuting Elephants Dream Eaters Shanty Town Aim Death Letter: God, Sex and War No Knock List Genesis: The Future of Mankind Is Woman Inverted Wretch Straight on Till Morning Purple Thoughts 2010: 8.13 2011: The Realm 2012: Not Now John 2013: OZM Newz 2013: Barry Morgan, Horror Geek 2016: Ravenwolf Towers 2011: The Gift 2012: Something Sinister Maria Olsen in die Internet-rolprentdatabasis
255490
Luigi Di Maio ([luˈiːdʒi di ˈmaːjo]; * 6 Julie 1986 in Avellino, Kampanië) is 'n Italiaanse politikus wat tussen 1 Junie 2018 en 5 September 2019 die ampte van vise-premier van Italië asook dié van minister van ekonomiese ontwikkeling en minister van arbeid en sosiale beleid beklee het. Sedert 5 September 2019 fungeer hy as minister van buitelandse sake in die tweede kabinet van Giuseppe Conte. Sedert 23 September 2017 fungeer Luigi Di Maio as leier van die politieke burgerbeweging MoVimento 5 Stelle ("Vyfsterbeweging", M5S). M5S het ná sy sukses in die algemene verkiesing van 2018 (met 33 persent van die uitgebragte stemme was dit die sterkste party) saam met die Lega 'n koalisieregering gevorm. Die vraag, of M5S al sy verkiesingsbeloftes werklik sal kan nakom, het in 2019 'n skadu oor die beweging begin gooi, terwyl die Lega in meningspeilings 'n hewige toename in gewildheid getoon het. "Italy Challenges the Postwar Order - Alessandra Bocchi". First Things (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2019. Besoek op 17 Februarie 2019.
37915
Michael Gordon (Mike) Oldfield (gebore 15 Mei 1953 in Reading, graafskap Berkshire) is 'n Engelse multiinstrumentalistiese musikant en komponis wat met 'n musiekstyl werk wat volksmusiek, etniese of wêreldmusiek, Europese klassieke musiek, elektroniese musiek, nuwe era-musiek, dansmusiek, en rockmusiek kombineer wat 'n uitgebreide en ingewikkelde musikale produk tot gevolg het. Oldfield is die meeste bekend vir sy in 1973 vrygestelde album Tubular Bells, wat 'n baanbrekende instrumentele konsepalbum was en die platemaatskappy Virgin Records se loodsalbum was. Hy het veral verdere bekendheid verwerf met sy 1983se treffer "Moonlight Shadow" sowel as vir sy interpretasie van die Kerslied "In Dulci Jubilo". Oldfield het baie van sy albums self opgeneem en vervaardig, en die meeste van die instrumente wat daarop gebruik is, self bespeel. Hierdie vervaardiging het ook meestal in sy huisateljee geskied. In die 1990's en 2000 het hy hoofsaaklik gebruik gemaak van digitale oudiowerkareas soos Apple Inc. se Logic Pro, Digidesign se Pro Tools, en Steinberg se Nuendo. Oldfield het al opgemerk dat hy die Sibelius-sagteware vir musieknotasie gekombineerd met Apple Macintosh-rekenaars gebruik om die klassieke dele in sy musiek te komponeer.
296486
Antoinette Louw (gebore 9 Mei 1975, Pretoria), is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise. Louw is die dogter van Dap en Anet Louw, albei professors in Sielkunde en saam het die egpaar al verskeie Sielkunde handboeke vir Suid-Afrikaanse universiteite geskryf. Louw se broer, Dap, is ʼn jaar jonger as sy en ʼn dokter in urologie. Louw het in Potchefstroom, Vanderbijlpark en Bloemfontein gewoon en het ook in die Verenigde State van Amerika skoolgegaan, waar haar pa navorsing gedoen het en by verskeie universiteite onderrig het. In 1991 het die gesin na Bloemfontein getrek en Louw het matrikuleer aan Hoërskool Sentraal. Sy het BA Drama studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en het haar graad (cum laude) in 1996 ontvang. In haar finale jaar op universiteit het Louw die verhoogproduksie, The Woman Who Cooked her Husband, vervaardig en die regie daarvan hanteer, die produksie het ook ʼn uitnodiging ontvang om in Londen by die Courtyard Teater te gaan opvoer.
53443
Nagaland (Engels: [ˈnɑːɡəlænd]) is een van die kleiner deelstate in die noordooste van Indië. Die hoofstad is Kohima en die grootste nedersetting is Dimapur. Die deelstaat het 'n bevolking van sowat 2 miljoen en beslaan 'n oppervlakte van 16 579 km². (en) "52nd REPORT OF THE COMMISSIONER FOR LINGUISTIC MINORITIES IN INDIA" (PDF). nclm.nic.in. Ministry of Minority Affairs. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 26 Julie 2019. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nagaland. (en) Amptelike webwerf (en) "Nagaland". Encyclopædia Britannica. Besoek op 23 Maart 2021.    Hierdie Indië-verwante artikel is 'n saadjie. U kan wikipedia help deur dit uit te brei.
230384
Digitale media Digitale media is enige media wat in masjienleesbare formate geënkodeer is. Digitale media kan geskep, gekyk, versprei, gewysig en bewaar word op digitale elektroniese toestelle. Hardeskywe stoor inligting in binêre vorm en so word beskou as 'n soort fisiese digitale media. "Digital Media" (PDF). Technology Brief. University of Guelph. September 2006. Besoek op 28 Maart 2014. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
113980
Esteban Ocon (Évreux, 17 September 1996) is 'n Franse renjaer vir die Alpine-Renault-renspan. Hy was voorheen onder kontrak by die Mercedes AMG Petronas F1-span as toetsbestuurder. Hy word in 2014 as kampioen van die Europese Formule 3-kampioenskap gekroon en in 2015 as die GP3-kampioen. Halfpad deur die 2016 Formule Een-seisoen maak hy sy debuut as bestuurder vir die Manor F1-span, tydens die Belgiese Grand Prix. Sy eerste Formule Eensege was die 2021 Hongaarse Grand Prix. * Seisoen nog aan die gang. ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
229054
Carrie Underwood (gebore 10 Maart 1983) is 'n Amerikaanse aktrise en komponis. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Chronicles of Narnia: The Voyage of the Dawn Treader (2010) en Soul Surfer (2011), en in die televisiereekse American Idol (2002) en How I Met Your Mother (2005). 2010: The Chronicles of Narnia: The Voyage of the Dawn Treader 2011: Soul Surfer 2014: America's Sweethearts Queens of Nashville Still the King: Bob Wills - The Man, the Music. 2002: American Idol 2002: AOL Sessions 2004: CMT Insider 2005: How I Met Your Mother 2005: CMT Star 2007: One on One 2010: NFL Full Contact 2012: Song by Song 2005: Christmas in Washington 2005: In the Moment: Carrie Underwood 2008: CMT: 40 Sexiest Music Videos 2008: Carrie Underwood: My Road to the Opry 2009: Carrie Underwood: An All-Star Holiday Special 2009: In the Spotlight with Robin Roberts: Bright Lights. Big Stars.
108499
Die Tsjernobil-kernramp (ook na verwys as die Tsjernobil-ongeluk) was 'n katastrofiese kernongeluk wat op 26 April 1986 plaasgevind het in die Tsjernobil-kernkragsentrale naby die dorp Pripyat in die Oekraïne (destyds amptelik die Oekraïense SSR), wat onder die direkte jurisdiksie van die sentrale owerhede van die Sowjetunie gestaan het. 'n Ontploffing en brand het groot hoeveelhede radioaktiewe deeltjies in die atmosfeer vrygestel, wat oor die grootste deel van die westelike USSR en Europa versprei het. Die Tsjernobil-ramp was die ergste kernkragongeluk in die geskiedenis in terme van koste en ongevalle. Dit is een van slegs twee geklassifiseer as 'n vlak 7 gebeurtenis (die maksimum klassifikasie) op die "International Nuclear Event" skaal, die ander is die Fukushima Daiichi-kernramp van Japan in 2011. Die stryd om die besoedeling te beperk en 'n groter katastrofe te voorkom, het uiteindelik meer as 500 000 werkers betrek en 'n geskatte 18 miljard roebels gekos. Tydens die ongeluk is 31 mense dood, maar langtermyneffekte soos kanker word nog ondersoek. Black, Richard (12 April 2011). "Fukushima: As Bad as Chernobyl?"
207921
Sean Combs (gebore 4 November 1969) is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, vervaardiger en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Godzilla (1998), Monster's Ball (2001), Bad Boys II (2003), en Get Him to the Greek (2010). No Way Out (1997) Forever (1999) The Saga Continues...
217625
Rosanna Arquette (gebore 10 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse aktrise, regisseuse, en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente After Hours (1985), Desperately Seeking Susan (1985), Pulp Fiction (1994), en The Whole Nine Yards (2000). 1983: Baby It's You 1983: Off the Wall 1985: After Hours 1985: Desperately Seeking Susan 1985: The Aviator 1986: 8 Million Ways to Die 1986: Nobody's Fool 1987: Amazon Women on the Moon 1988: The Big Blue 1989: New York Stories 1989: Black Rainbow 1990: ...Almost 1991: Flight of the Intruder 1991: The Linguini Incident 1993: Nowhere to Run 1993: The Wrong Man 1994: Pulp Fiction 1997: White Lies 1997: Trading Favors 1997: Gone Fishin' 1998: Hell's Kitchen 1998: Homeslice 1998: I'm Losing You 1998: Fait Accompli 1999: Pigeonholed 1999: Interview with a Dead Man 2000: The Whole Nine Yards 2000: Too Much Flesh 2001: Big Bad Love 2002: Searching for Debra Winger 2003: Olive Thomas: Everybody's Sweetheart 2005: Iowa 2005: Welcome to California 2006: I-See-You.
34324
Die Zimbabwiese dollar was vanaf 1980 tot 12 April 2009 die geldeenheid van Zimbabwe. Voor die bekendstelling van die nuwe (sogenaamde derde) Zimbabwiese dollar op 1 Augustus 2008 het een Amerikaanse dollar 57 381 544 140 (sommige bronne gee 69 miljard aan) Zimbabwiese dollar gekoop. Die Reserwebank van Zimbabwe het op 30 Julie 2008 verklaar dat 10 nulle van die dollar se monetêre waarde geskrap sou word. Die nuwe dollar is dus teen 'n wisselkoers van een Amerikaanse dollar vir 6,56897 Zimbabwiese dollar bekend gestel (omdat 10 nulle geskrap is). Teen Donderdag 8 Augustus 2008 was een Amerikaanse dollar 8,66 Zimbabwiese dollar werd (ietwat swakker as die Suid-Afrikaanse rand), maar sedertdien het die eenheid verswak tot op 21 September 2008 toe een Amerikaanse dollar gelyk aan 94,7 Zimbabwiese dollar was. Met die 10 nulle bygereken, kom dit neer op 947 000 000 000 (947 miljard Zimbabwiese dollar vir een Amerikaanse dollar). Winkels het tot 31 Desember 2008 die ou sowel as die nuwe prys van goedere vertoon. Die nuwe banknote ($1, $5, $10, $20, $50, $100 en $500) het op 1 Januarie 2009 die enigste wettige banknote geword.
29805
Barack Hussein Obama II ([bəˈɹɑːk huˈseɪn oʊˈbɑːmə] luister (hulp·inligting); * 4 Augustus 1961 in Honolulu, Hawaii) is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee. Obama is die seun van 'n Keniaanse vader, Barack Obama, en 'n Amerikaanse moeder, Ann Dunham, wat in 'n Russies-klas by die Universiteit van Hawaii ontmoet het. Hy is in die eerste ses jare van sy lewe in die Hawaiïese hoofstad Honolulu grootgemaak en het daarna met sy moeder en sy Indonesiese stiefvader Lolo Soetero na Djakarta in Indonesië verhuis, waar hy tot op die ouderdom van tien jaar gebly het. Obama het akademiese grade aan die Columbia-universiteit en aan die Harvard-universiteit se regsskool behaal en daarna 'n loopbaan as gemeenskapsorganiseerder en universiteitsdosent in Chicago, Illinois begin. Later het hy as advokaat vir burgerlike regte gepraktiseer.
249172
Murray David Perahia, KBE (* 19 April 1947 – ) is 'n Amerikaanse pianis en dirigent. Perahia is in die Bronxbuurt van New York gebore in 'n gesin van Sefardiese oorsprong. Volgens die biografie op sy Mozart-klaviersonates CD is sy moedertaal Joodse-Spaans, oftewel Ladino. Die gesin het van Thessaloniki, Griekeland, gekom. Sy vader het in 1935 na die VSA verhuis. Perahia het die klavier op die ouderdom van vier jaar begin leer met 'n onderwyser wat hy as "baie beperk" tipeer het, omrede sy hom 'n enkele stuk laat speel het totdat dit perfek was. Perahia noem dat sy musikale belangstellings op die ouderdom van vyftien jaar begin blom het vir redes wat hy nie kan verduidelik nie, en hy het hierna begin om ernstig te oefen. Op die ouderdom van sewentien jaar het Perahia Mannes Kollege bygewoon waar hy klavier, dirigeer en komposisie by sy onderwyser en mentor, Mieczysław Horszowski, studeer het. Gedurende daardie somer het hy ook die Marlboro Musiekskool en Fees bygewoon waar hy saam met musikante soos o.a. Rudolf Serkin, Alexander Schneider, en Pablo Casals gestudeer het.
256799
Isaac Hempstead Wright (gebore 9 April 1999) is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Awakening (2011), Closed Circuit (2013), en The Boxtrolls (2014), en in die televisiereeks Game of Thrones (2011). 2011: The Awakening 2013: Closed Circuit 2014: The Boxtrolls 2011: Game of Thrones 2011: Game of Thrones: Inside the Night's Watch 2012: The Awakening: Behind the Scenes Isaac Hempstead Wright in die Internet-rolprentdatabasis Isaac Hempstead Wright op Twitter
20411
Hannah Botha (1923–2007) was 'n Afrikaanse aktrise wat veral bekend was vir haar rolle in die Suid-Afrikaanse televisiereekse Egoli (as Elsa du Plessis), Agter Elke Man en Nommer asseblief (as tant Lizzie). Botha was ook bekend vir haar bry. Sy is op 17 Januarie 1923 op Dwarskersbos aan die Weskus gebore en het aan die Hoërskool Piketberg gematrikuleer. Sy het per toeval in die toneelwêreld beland toe sy ná 'n persoonlike trauma in 1952 poësie bestudeer het. Weens nierstuipe het Botha blind geword en is haar dogtertjie doodgebore. Sy het later haar sig herwin, maar kon nie nog kinders hê nie. Sy het 'n vierjarige lisensiaat in spraak en drama verwerf. Haar toneelloopbaan was tot in 1988 net deeltyds, aangesien sy eers in hierdie jaar by die Ontvanger van Inkomste in Johannesburg afgetree het na 'n loopbaan van 41 jaar. Haar man, Fritz, is in 1984 oorlede. Sy het in haar loopbaan in 26 rolprente en verskeie TV-reekse gespeel en was in die laat jare sewentig deel van die radioprogram Kolskoot.
29440
Adigea (Russies: Республика Адыгея; Adigies: Адыгэ Республик) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit word heeltemal omring deur die Krasnodar-krai. Die republiek lê aan die voet van die Kaukasus-gebergte, met vlaktes in die noorde en berge in die suide. Ongeveer 40% van die totale oppervlakte bestaan uit bosse. Die bevaarbare rivier Koeban is met ’n lengte van 870 km een van die belangrikste riviere in die streek. Dit vorm ’n deel van die noordelike grens van Adigea. Gemiddelde temperatuur Januarie: -2 °C Gemiddelde temperatuur Julie: +22 °C Gemiddelde jaarlikse neerslag: 700 mm Adigea het op 24 Augustus 1922 ’n outonome oblast van Rusland geword. Toe was Krasnodar die bestuursentrum. Van 13 Augustus 1928 af het Adigea onder die jurisdiksie van die Krasnodar-krai geval. Maikop (die huidige hoofstad) het in 1936 die bestuursentrum geword toe die grense van die oblast verander het. Op 3 Julie 1991 het Adigea ’n outonome republiek van die Russiese Federasie geword. Die eerste president was Aslan Alijewitsj Dzjarimof, wat in 1992 verkies is.
35335
Angers is die hoofstad van die région (gewes) Pays de la Loire en die département Maine-et-Loire (Frankryk), aan die oewer van die Loire rivier en die Maine, met 'n oppervlakte van 46,00 km² en sowat 152 700 inwoners (2005). Die metropolitaanse gebied van Angers het meer as 283 000 inwoners. Vanaf 2005 is geen sensus meer van die bevolking opgeneem nie, en die inwonertal is gevolglik beraam. Op 1 Januarie 2008 het die inwonertal volgens 'n amptelike skatting op 156 327 gestaan. Die Maine Château Die Cale de la Savate Die Cathédrale Saint-Maurice 'n Straat Rue Saint-Denis, Hôtel des Postes Galerie du Palace Die Place Saint-Éloi Château d'Angers Die Carrefour Rameau Nabyplace Saint-Éloi Die Lac de Maine Haarlem, Nederland (1964) Osnabrück, Duitsland (1964) Bamako, Mali (1974) Pisa, Italië (1982) Wigan, Engeland (1988) Södertälje, Swede (1998) Sevilla, Spanje (2000) Yantai, Volksrepubliek van China (2006) Die amptelike webwerf van Angers http://www.angersloiretourisme.com/
209290
Jeff Kober (gebore 18 Desember 1953) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Sully (2016) en in die televisiereekse China Beach (1988), Sons of Anarchy (2008), en The Walking Dead (2010). 1986: Out of Bounds 1988: Lucky Stiff 1988: Viper 1990: The First Power 1992: Angel Fire 1993: The Baby Doll Murders 1995: Automatic 1996: One Tough Bastard 2001: The Want 2002: Defining Maggie 2004: World Without Waves 2008: Multiple 2015: Bad Blood 2015: The Walkers Among Us 2016: Sully 2016: Perfection 2017: Lost Cat Corona 2017: Beauty Mark Native Land Block Island Char Man Exposure 1988: China Beach 1992: Angel Street 1994: Higher Education 2008: Sons of Anarchy 2010: The Walking Dead 2017: His Wives and Daughters 2018: Big Dogs 1993: Desperate Rescue: The Cathy Mahone Story 1994: Higher Education 1994: The Innocent 1997: Gold Coast 1998: Logan's War: Bound by Honor 2001: Lost Voyage 2008: Aces 'N' Eights 1996: Demolition High 1997: The Big Fall Jeff Kober in die Internet-rolprentdatabasis
238047
Cliff Lyons (1 Julie 1901 – 6 Januarie 1974) was 'n Amerikaanse akteur en assistentregisseur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente She Wore a Yellow Ribbon (1949), Bend of the River (1952), The Comancheros (1961), en Taras Bulba (1962). 1925: Wild Horse Canyon 1925: Buried Gold 1925: Riding Romance 1925: The Iron Fist 1926: Battling Kid 1926: Blue Streak O'Neil 1926: The Fighting Ranger 1926: Desert Greed 1926: Son of a Gun 1926: West of the Law 1927: Speeding Hoofs 1927: Hell Hounds of the Plains 1927: The Range Raiders 1927: Rider of the Law 1927: Outlaw's Paradise 1927: Roaring Guns 1928: The Law of the Mounted 1928: The Old Code 1928: Red Gold 1928: Flashing Hoofs 1928: The Phantom Pinto 1928: The Riddle Trail 1928: Master of the Range 1929: The Arizona Kid 1929: Bullets and Justice 1929: The Cowboy and the Outlaw 1929: The Fighting Terror 1929: Headin' Westward 1929: The Law of the Plains 1929: An Oklahoma Cowboy 1929: West of the Rockies 1929: The Voice from the Sky 1929: The Saddle King 1929: A Texas Cowboy 1929: The Sheriff's Lash 1929: The Galloping Lover 1930: Call of the Desert 1930: Covered Wagon Trails 1930: The Oklahoma Cyclone 1930: The Oklahoma Sheriff 1930: Crusaders of the West 1931: Red Fork Range 1949: She Wore a Yellow Ribbon 1952: Bend of the River 1961: The Comancheros 1962: Taras Bulba Cliff Lyons in die Internet-rolprentdatabasis
12011
Indië het 'n groot verskeidenheid gesproke tale onder verskillende groepe mense. Ten minste 30 verskillende tale, en om en by 2000 dialekte is geïdentifiseer. Die Grondwet van Indië het gestipuleer dat Hindi en Engels die twee tale is vir amptelike kommunikasie vir die nasionale regering. Verder bevat dit 'n lys van 22 geskeduleerde tale. Hierdie tale is geregtig op vereenwoordiging in die Amptelike Taalkommissie, en 'n kandidaat betrokke in 'n eksamen vir die nasionale regeringsdiens het die keuse om die eksamen te skryf in een van hierdie tale. Soos bepaal, het Engels ophou bestaan as 'n amptelike taal ("on par with Hindi) in 1965, waarna dit bedoel is om voort te gaan as 'n "samewerkende addisionele amptelike taal" totdat die tyd aanbreek dat 'n deeglik aangestelde komitee kan besluit oor die gehele oorgang na Hindi, gebaseer op periodiese hersiening. Alhoewel, as gevolg van proteste van sommige state soos Tamil Nadu waar daar 'n lae aantal Hindi-sprekendes is, word die tweetalige stelsel nog geïmplimenteer.
262913
Lebogang Mashile (gebore 2 Julie 1979) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Hotel Rwanda (2004) en Fierce Light: When Spirit Meets Action (2008), en in die televisiereeks Drawing the Line (2008). 2004: Hotel Rwanda 2008: Fierce Light: When Spirit Meets Action 2008: Drawing the Line Lebogang Mashile in die Internet-rolprentdatabasis
223582
Sarah Hyland (gebore 24 November 1990) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Vampire Academy (2014) en See You in Valhalla (2015), en in die televisiereeks Modern Family (2009). 2000: Joe Gould's Secret 2011: Cougars Inc. 2014: Vampire Academy 2015: See You in Valhalla 2016: Satanic 2016: XOXO The Wedding Year 2008: Spoilers 2009: Modern Family 2014: FansTang Live from the Red Carpet 2017: Dimension 404 2011: Geek Charming 2013: Call Me Crazy: A Five Film 2016: Lip Sync Battle Shorties 2017: Dirty Dancing 2016: Shane Harper: Like I Did Sarah Hyland in die Internet-rolprentdatabasis Sarah Hyland op Twitter Sarah Hyland op Instagram
110095
Prince Rogers Nelson (1958 – 2016), beter bekend onder sy verhoognaam Prince, was 'n Amerikaanse popster, liedjieskrywer, multi-instrumentalis en akteur. Prince het in 1979 bekendheid verwerf met die liedjie I wanna be your lover, waarna treffers soos Purple Rain, Kiss en When Doves Cry gevolg het. Hy was ewe bekend vir sy flambojante verhoogpersoonlikheid. Prince het erotiese lirieke met funkrock en tegnologie vermeng. Tien van sy albums het platinumstatus behaal en dertig van sy enkelspelers het die top 40-treffersparade gehaal. Wêreldwyd het hy meer as 100 miljoen albums verkoop, wat hom een van die besverkoper-kunstenaars van alle tye maak. Hy het in totaal sewe Grammy-, 'n Golden Globe-, en 'n Academy Award ingepalm. Die Rolling Stone-tydskrif het Prince 27ste op sy lys van die 100 Grootste Kunstenaars van Alle Tye geplaas. en in 2004 is hy op die Rock and Roll Hall of Fame vereer. Van 1993 tot 2000 het hy sy naam na 'n simbool, wat soos O(+> lyk, verander. Aangesien hierdie simbool nie uitgespreek kan word nie, is hy "die kunstenaar voorheen bekend as Prince" genoem.
254184
Arthur Askey (6 Junie 1900 – 16 November 1982) was 'n Engelse akteur en skrywer.
20535
Nottingham is 'n stad, unitary authority en hoofstad van die seremoniële graafskap Nottinghamshire) in die East Midlands-streek van Engeland. Nottingham staan bekend vir sy historiese verbintenis met die legendariese middeleeuse volksheld Robin Hood en het gedurende die nywerheidsomwenteling tot 'n industriële sentrum van wêreldfaam ontwikkel waar onder meer kantwerk, fietse en tabak vervaardig is. Die oorspronge van Nottingham strek so ver terug as 600 n.C. Ter geleentheid van koningin Victoria se diamantjubileum in 1897 is stadstatus aan Nottingham toegeken, en die stad dra sedertdien die amptelike titel City of Nottingham. Nottingham is die tweede grootste nedersetting in die East Midlands na Leicester met 'n bevolking van meer as 300 000, maar vanweëdie relatief klein stadsgebied weerspieël hierdie getal nie die werklike bevolkingskonsentrasie van die gebied nie. Die stedelike gebied van Nottingham Urban Area huisves 'n bevolking van sowat 730 000. In die Britse sensus van 2011 was dit die negende grootste stedelike gebied in die Verenigde Koninkryk. Vandag is Nottingham 'n belangrike opvoedkundige sentrum met twee universiteite, die Universiteit van Nottingham en die Nottingham Trent-universiteit met altesaam meer as 60 000 studente.
40462
Knoet die Grote (of Kanoet die Grote; Deens: Knud den Store, Engels: Canute the Great, Noors: Knut den Store; c. 995 – 12 November 1035) was tot met sy dood koning van Engeland, Denemarke en Noorweë en goewerneur van Sleeswyk en Pommere. Hy was die seun van Sven Vurkbaard en sy vrou, Gunhilda. Knoet het sy pa gehep om Engeland in Augustus 1013 binne te val en is ná sy pa se dood in Februarie 1014 deur die Deense vloot tot koning van Engeland uitgeroep. Toe die Engelse adel die verslane koning Ethelred II weer op die troon plaas, het Knoet egter na Denemarke teruggekeer. In Augustus 1015 het hy Engeland weer binnegeval en ’n paar onbesliste veldtogte teen Ethelred gevoer en vanaf April 1016 teen dié se seun Edmund Ironside. In Oktober 1016 het Knoet die Engelse by Ashingdon in Essex verslaan. Hy en Edmund het ooreengekom om die ryk te verdeel, maar in November is Edmund dood. Knoet het toe die enigste heerser geword. In 1017 het Knoet Engeland in vier groot graafskappe verdeel, nes hy in Denemarke gedoen het.
296362
Die Vrugbare Halfmaan is ’n sekelmaanvormige streek in die Midde-Ooste: die hedendaagse Irak, Sirië, Libanon, Israel, Palestina, Jordanië, die noordoostelike en Nylvalleistreke van Egipte, asook die suidoostelike deel van Turkye en die westelike rand van Iran. Sommige skrywers sluit Siprus in. Die gebied is al die "wieg van die beskawing" genoem, want dit is waar landbou begin ontwikkel het namate mense die omgewing begin skoonmaak en verander het om nuut gedomestiseerde plante as gewasse te kweek. Vroeë beskawings soos Sumer in Mesopotamië het danksy landbou floreer. Tegnologiese vorderings het ingesluit besproeiing, skryf, die wiel en glas, waarvan die meeste in Mesopotamië uitgevind is. Die term "Vrugbare Halfmaan" is die eerste keer deur die argeoloog James Henry Breasted gebruik in Outlines of European History (1914) en Ancient Times, A History of the Early World (1916). Soos die term tans gebruik word, sluit dit Israel, Palestina, Irak, Sirië, Libanon, Egipte en Jordanië in, sowel as die omringende gebiede van Turkye en Iran. Benewens die Tigris en Eufraat, sluit rivierbronne die Jordaan in.
19956
Die Sicherheitsdienst (SD, "Sekuriteitsdiens") het tussen 1931 en 1945 ontwikkel van 'n beskeie Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (NSDAP) intelligensiediens na die staatsintelligensiediens van Nazi-Duitsland met 51 hoofdepartemente en 519 streeksafdelings, etlike duisende agente en etlike tienduisende informante. Die organisasie word beskou as 'n sustersorganisasie van die Gestapo. Tussen 1933 en 1939 was die SD onder die beheer van die Sicherheitspolizei, maar was daarna onder beheer van die Reichssicherheitshauptamt (RHSA) geplaas. Die Sicherheitsdienst is in Maart 1931 gestig deur Heinrich Himmler onder die naam Ic-Dienst. Die voorganger van die SD het vanuit 'n woonstel gewerk en direk aan Heinrich Himmler gerapporteer. Voordat die Duitse nasionale sosialiste aan bewind gekom het, was die doel van die Ic-diens om politieke teenstanders te monitor, die veiligheid van die Nazi-partyleiers te verseker en interne partye-opstand te voorkom. Met die bewindsoorname van die Nazi's in Duitsland in 1933, was die diens bekend as die SD-Amt en het 'n sekere kompetisie ontstaan met die Sturmabteilung (SA).
47748
Die Rote Armee Fraktion ("Rooi Leër Faksie", kort RAF), aanvanklik deur sommige media ook "Baader-Meinhof-bende" of "Baader-Meinhof-groep" genoem, was 'n linkse terreurgroep wat tussen 1970 en 1998 in Duitsland aktief was. Dit is deur Andreas Baader, Gudrun Ensslin, Horst Mahler, Ulrike Meinhof en ander lede gestig. Die RAF het ditself as kommunistiese, anti-imperialistiese stedelike guerilla-organisasie volgens die Suid-Amerikaanse voorbeeld van die Tupamaros in Uruguay beskou. Die RAF was verantwoordelik vir 34 moorde, talle bankrooftogte en bomaanslae. In 1998 het hulle 'n persverklaring uitgereik waarin hulle hul selfontbinding aangekondig het. Tot daardie tydstip het ook 27 lede en simpatisante van die RAF hul lewens as gevolg van polisie-optrede, selfmoord, hongerstaking of siekte verloor.
101704
Tempelprostitusie is ’n seksuele rite waarin vroue of mans in ’n tempel hulle beskikbaar stel vir seks met ’n vreemdeling teen betaling – as hul heilige plig teenoor ’n god of godin. Hierdie rituele prostitusie het veral in die Oudheid voorgekom. Pelgrims het op bedevaarte na heiligdomme gegaan om rituele uit te voer, waarvan een die Hieros Gamos (rituele samekoms) was. Hiervoor was maagde, oftewel prostitute, beskikbaar. Vir die familie van die meisies was dit ’n eer om een van hul dogters in die tempel te laat werk. Die Griekse term hierodoulos is al beskou as dat dit "tempelprostituut" beteken, maar dit verwys meer waarskynlik na ’n voormalige slaaf of slavin wat vrygelaat en aan ’n god "opgedra" is. Die Hebreeuse term qedesha word dikwels as "tempelprostituut" vertaal. Die oudste vorme van tempelprostitusie het in Mesopotamië voorgekom, maar dit was versprei oor die hele Mediterreense wêreld. Die antieke Nabye-Oosterse gemeenskappe aan die Tigris- en die Eufraatrivier het baie tempels en heiligdomme, of "hemelse huise", gehad wat aan verskeie gode opgedra was.
53494
Oxford University Press (afkorting OUP) is die grootste universiteitsuitgewer ter wêreld. Dit beslaan 'n departement van die Oxford-universiteit en word bestuur deur 'n groep van 15 akademici, bekend as die "Delegates of the Press", wat deur die visekanselier aangewys word. Hul hoof is die "Secretary to the Delegates", wat waarneem as OUP se uitvoerende bestuurder en hul hoofverteenwoordiger is op ander universiteitsliggame. Oxford-universiteit het reeds vanaf die 17de eeu 'n soortgelyke stelsel in gebruik vir oorsig oor die drukkery. Balter, Michael (Februarie 16, 1994). "400 Years Later, Oxford Press Thrives". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011-09-24. Besoek op 2009-10-21. Harry Carter, A History of the Oxford University Press (Oxford, 1975) p. 137
103495
Navalsig is 'n voorstad van Bloemfontein in die Vrystaat. Subplek Navalsig tydens die 2011-Sensus.
239748
J. P. McGowan (24 Februarie 1880 – 26 Maart 1952) was 'n Amerikaanse regisseur, akteur, en skrywer.
8393
Alan Mathison Turing (23 Junie 1912 – 7 Junie 1954) was 'n Engelse wiskundige en informatikus (nog vóór die tyd dat die woord informatika bestaan). Alan Turing behandel filosofiese vraagstukke soos die moontlikheid dat 'n masjien kan dink, en dit was sy lewensideaal om self 'n denkende rekenaar te skep. Vandag word hy algemeen beskou as die vader van moderne rekenaarwetenskap, alhoewel dit nie die geval was tydens sy eie leeftyd nie. Turing is op 23 Junie 1912 gebore in 'n middelklasfamilie in Paddington, Londen. Hy is die seun van 'n Britse lid van die Indiese Staatsdiens. Turing begin in 1931 aan die King's College, Universiteit van Cambridge studeer. Sy studierigting is wiskunde en hy gradueer in 1934. Hy bestudeer daarna kwantummeganika aan dié universiteit. Daar maak hy kennis met die sogenaamde beslisbaarheidsprobleem, en publiseer in 1936 sy artikel genaamd On Computable Numbers, with an Application to the Entscheidungsproblem. Die beslisbaarheidsprobleem omskryf hy as volg: "Bestaan daar 'n algoritme om te besluit of daar 'n waardetoekenning vir veranderlikes in 'n wiskundige vergelyking is, sodat die vergelyking bevredig word of nie?"
240095
Bud Osborne (20 Julie 1884 – 2 Februarie 1964) was 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger.
385743
The Moscow Times (TMT) is 'n onafhanklike Engelse aanlyn koerant wat in Moskou gebaseer is. Dit is van 1992 tot 2017 gedruk en is gratis versprei op plekke wat deur Engelssprekende toeriste en ekspats besoek is, soos hotelle, kafees, ambassades en lughawens, of deur subskripsie. Die koerant is gewild onder buitelanders wat in Moskou woon en Engelssprekende Russe. In November 2015 het die dagblad 'n weeklikse koerant geword (wat elke Donderdag uitgekom het) en die getal bladsye is tot 24 vermeerder. Van Julie 2017 af is dit net aanlyn beskikbaar. Afanasyeva, Anna (11 Oktober 2017). "The Moscow Times подпитали акционером" [The Moscow Times was fueled by a shareholder]. Kommersant. Besoek op 6 Desember 2018. Luhn, Alec (2015-11-06). "Russia's last independent English newspaper ends daily edition". The Guardian. Besoek op 2020-12-11. Richardson, Dan. (2001). The Rough Guide to Moscow. Rough Guides. p. 56. ISBN 978-1-85828-700-3 Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
65143
Die Bergadder (Bitis atropos) is 'n slang wat voorkom in die Kaapse Skiereiland, Sederberg, suidelike kusgebergtes, Drakensberg en Limpopo. Die slang se kleur wissel van gryslof tot donkerbruin of swart met klein, driehoekige patrone op die lyf en 'n donker pylvomige patroon op die driehoekige kop. Die slange se lengte wissel van 30 - 60 cm. Die gif is senuvergiftigend (neurotoksies) met 'n spesifieke uitwerking op die optiese en gesigsenuwees. Dit veroorsaak 'n tydelike verlies van smaak en reuk, duiseligheid en ooglede wat hang. Slagoffers sterf nie van die gif nie maar mediese behandeling is nodig. Soos ander adders is die gif ook weefselvernietigend (sitotoksies). Alfabetiese lys van slange Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9 McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, vol. 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume). 2. SA Fam Pract 2005;47(9): 48-53 https://www.ajol.info/index.php/safp/article/view/13271 Hierdie artikel is ’n saadjie.
20700
Kolonel Frederick Hugh Page Creswell, ook wel F.H.P. Creswell, (gebore 13 November 1866 in Gibraltar, oorlede 25 Augustus 1948 in Kuilsrivier) was met kort tussenposes parlementslid van 1910 tot 1938 en leier van die Arbeidersparty. Creswell ontvang sy naskoolse opleiding aan die Royal School of Mines in Engeland en bekwaam hom as myningenieur. In dié hoedanigheid kom hy in 1893 na Suid-Afrika. Hy het in Rhodesië en aan die Witwatersrand gewerk en in die Tweede Vryheidsoorlog in die eenheid Imperial Light Horse. Hy het die eerste keer aansien verwerf as algemene bestuurder van die Village Main Reef Mine in Johannesburg, toe hy die mynwerkerstaking in 1907 ondersteun en voorspraak doen vir die vervanging van Chinese arbeid met blanke arbeid. In die eerste algemene verkiesing ná Uniewording op 15 September 1910 word hy tot die parlement verkies as een van drie suksesvolle kandidate van die Arbeidersparty. Hy wen in die kiesafdeling Jeppes teen die Unionisteparty se R. Feetham met 'n meerderheid van net 97 stemme. Hy dien ook van daardie jaar, toe hy in Januarie een van die stigters van die party was, tot in 1938 as partyleier.
119500
Abigail Kubeka (ook Abigail) is 'n Suid-Afrikaanse jazzmusikant. Sy het al met bekende Suid-Afrikaanse musici opgetree, waaronder Miriam Makeba. Abigail het 'n Grammy-prys agter haar naam en het ook al in China opgetree. "Abigail Kubeka, se eerste Kominikasi-musiekwenner vir 2016, Grammy". Times Zone SA. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
67829
Carel Trichardt is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is tans die hoof van die dramadepartement by die Universiteit van Pretoria. Aanvanklik verwerf hy bekendheid as die stem agter die kinderkarakter, Knersis. Hy het ook in verskeie rolprente, waaronder Katrina, Kruger Miljoene en Kavaliers gespeel. In 2011 ontvang Trichardt die Erepenning vir Toneel- en Verhoogkuns en die Gerhard Beukesprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Verraaiers, 2013 (nog nie uitgereik nie) as Regter Jacobs Skin, 2008 as die magistraat Catch a Fire, 2006 as 'n Suid-Afrikaanse minister Oh Schuks ... I'm Gatvol!, 2004 Rhodes (TV-minireeks), 1996 as Paul Kruger Friends, 1993 as Rheinhart The Fourth Reich, 1990 as Meyder Leibbrandt Hellgate, 1990 as Lucas Liewe Hemel, Genis!, 1987 as die Portugees Vyfster (TV-reeks), 1984 Rienie, 1980 Pour tout l'or du Transvaal (TV-minireeks), 1979 as Van Druiden Flatfoot in Africa, 1978 as Kaptein Miller Les diamants du président (TV-minireeks), 1977 Härte 10 (TV-minireeks), 1975 as Abdul Die Afspraak, 1974 Insident op Paradysstrand, 1973 Die Voortrekkers, 1973 Pressure Burst, 1971 as Dempsey Mans Diamantendetektiv Dick Donald (TV-reeks), 1971 as Sam Smiley Stop Exchange, 1970 Katrina, 1969 as Mnr.
75829
Die HMS King George V was destyds die nuutste geslag slagskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy was 'n bietjie kleiner en stadiger as die Bismarck maar was dikker gepantser op die regte plekke gebaseer op ondervinding uit die Eerste Wêreldoorlog. Die konsep het sy waarde bewys deurdat haar susterskip, die HMS Prince of Wales relatief min skade opgedoen het nadat sy getref is deur die Bismarck se 15-duim kanonne en die Prinz Eugen toe eersgenoemde gekelder is. Sy het 36,830 ton water verplaas en was aangedryf deur vier turbines wat gesamentlik 122,000 dryfasperdekrag gelewer en haar aangedryf het teen 29,25 knope. Sy was toegerus met tien 14-duim kanonne en sestien 5.25-duim meervoudige kanonne. Die 14-duim kanonne was gegroepeer in drie skiettorings, een met vier kanonne op die agterste dek en twee skiettorings met vier en twee kanonne elk op die voordek. Sy was ook die eerste slagskip wat toegerus is met twee vliegtuie. The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
257549
Annabelle Wallis (gebore 5 September 1984) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente X-Men: First Class (2011), Annabelle (2014), en The Mummy (2017), en in die televisiereeks Peaky Blinders (2013). 2005: Dil Jo Bhi Kahey... 2006: True True Lie 2011: X-Men: First Class 2013: Hello Carter 2014: Annabelle 2015: Sword of Vengeance 2016: Come and Find Me 2016: Mine 2017: The Mummy 2019: Boss Level 1996: Who Dares Wins 2013: Peaky Blinders 2010: The Lost Future 2017: Tom Cruise: Reel Life 2009: On Set with The Tudors: Three Scenes in Production 2017: Life in Zero-G: Creating the Plane Crash 2017: The Mummy: The Global Journey 2017: The Mummy: Building a Nightmare Annabelle Wallis in die Internet-rolprentdatabasis Annabelle Wallis op Twitter
7540
Heupvervanging is 'n mediese prosedure waartydens die heupgewrig met 'n prostetiese inplanting vervang word. Die operasie word gewoonlik uitgevoer om pyn as gevolg van artritis te verlig of om 'n beskadigde gewrig te herstel. Die heupgewrig bestaan uit die kop van die dybeen (femur) wat artikuleer met die heuppotjie (asetabulum. Nuwe tegnologie in Amerika en Europa verbind gerekenariseerde tomografie (RT)(“CT” in Engels), rekenaarondersteunde ontwerp (ROO)(“CAD”), rekenaarondersteunde vervaardiging (ROV) (“CAM”), en snelprototipering ten einde lewensgrootte, fisiese modelle van die pelvis met die bestaande heupsok te kan vervaardig. Sodoende kan lewensgetroue plastiekmodelle verkry word wat getroue weergawes van die spesifieke pasiënt se pelvis daarstel, en wat die chirurg in staat stel om presiese beplanning te doen van die operasie op die spesifieke pasiënt. Tans is die proses egter nog nie oral in Suid-Afrika beskikbaar nie, en chirurge is nog aangewese op minder akkurate X-straal tegnologie, waaruit die hoeveelheid been wat uit die heupsok weg is nog nie presies bepaal kan word nie. Beplanning van die operasie word nou so akkuraat as moontlik gedoen.
24549
Airbus S.A.S. is die vliegtuigvervaardiger dogtermaatskappy van EADS N.V., 'n geheel-Europese lug- en ruimtevaartmaatskappy. Dit is in Toulouse, Frankryk gesetel met beduidende bedrywe in ander Europese lande. Airbus produseer ongeveer die helfte van die wêreld se straalvliegtuie, met die meeste van die res wat deur die maatskappy se Amerikaanse mededinger Boeing Commercial Airplanes vervaardig word. Airbus is in 2001 onder die Franse reg gestig as 'n "vereenvoudigde gesamentlike-effekte-maatskappy" of S.A.S. (Frans: Société par Actions Simplifiée). Airbus het tevore bekend gestaan as Airbus Industrie. Airbus was voorheen gesamentlik besit deur EADS (80%) en BAE Systems (20%), Europa se twee grootste verdedigingsmaatskappye. BAE Systems het in April 2006 sy voorneme aangedui om die maatskappy se 20% aandeel in Airbus te verkoop en het in Junie 2006 sy opsie uitgeoefen om EADS te dwing om sy aandeel te koop. Die direksie het die beleggingsbank Rothschild aangestel om 'n onafhanklike waardering van Airbus te onderneem. Rothschild se waardering was £1,9 miljard (€2,75 miljard), heelwat onder BAE en EADS se verwagting.
77185
Joseph Rudyard Kipling Engelse digter en skrywer Handtekening Literêre genres Kortverhale, romans, kinderboeke, poësie, reisliteratuur, wetenskapsfiksie Beduidende werke The Jungle Book (1894) Kim (1901) Joseph Rudyard Kipling ['rʌdjəd ˈkɪplɪŋ] (* 30 Desember 1865; † 18 Januarie 1936) was 'n Engelse digter en skrywer wat veral bekendheid verwerf het met sy verhale en gedigte oor Britse soldate in Indië, sy kinderverhale, die verhaalbundel The Jungle Book, die avontuurroman Kim, 'n groot verskeidenheid kortverhale, waaronder The Man Who Would Be King, en gedigte soos Mandalay, Gunga Din (albei gepubliseer in 1890), The White Man's Burden (1899) en If- (1910). Kipling is in Bombaai (tans Mumbai), 'n stad in die gelyknamige provinsie van Brits-Indië gebore en het op vyfjarige ouderdom saam met sy ouers na Engeland verhuis. Een van Kipling se belangrikste prestasies is sy vernuwing van die kortverhaal as literêre genre, terwyl sy kinderboeke tot die klassieke werke van dié genre gereken word.
105946
Madeleine Korbel Albright (gebore Marie Jana Korbelová, 15 Mei 1937-23 Maart 2022) was 'n Amerikaanse diplomaat en politikus. Sy het van 1997 tot 2001 as Amerika se eerste vroulike minister van buitelandse sake in die regering van pres. Bill Clinton gedien. Sy het Amerika ook by die Verenigde Nasies verteenwoordig. Albright was in die voormalige Tsjeggo-Slowakye gebore. Sy kry die bynaam, Madeleine, van haar ouma. Sy emigreer in 1950 na die Verenigde State en word in 1957 'n Amerikaanse burger. Albright praat vlot Engels, Frans en Tsjeggies, en is ook Russies, Duits en Pools magtig. Sy kom uit 'n Joodse familie wat gedurende die oorlog in Serwië wegkruip het, waar haar vader op 'n diplomatieke sending namens Tsjeggië was. Haar Joodse grootouers aan vaderskant het tydens die Tweede Wêreldoorlog omgekom. Sy het haar Joodse afkoms ontdek nadat sy as minister aangestel is, en joernaliste haar afkoms bestudeer het. Sy het van 27 Januarie 1993 tot 21 Januarie 1997 as Amerika se 21ste Ambassadeur tot die Verenigde Nasies gedien. Sy is daarna op 5 Desember 1996 deur pres. Bill Clinton as Amerika se 64ste Minister van Buitelandse Sake aangestel.
207737
Jerrod Carmichael (gebore 22 Junie 1987) is 'n Amerikaanse skrywer, akteur, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Neighbors (2014), Transformers: The Last Knight (2017), en Ferdinand (2017), en in die televisiereeks The Carmichael Show (2015). 2014: Neighbors 2015: The Meddler 2017: Transformers: The Last Knight 2017: Ferdinand 2018: Flower Boy: A Conversation 48 Hours 1979: Laugh Factory 2010: The Late Night Fix with Yassir Lester 2013: Lucas Bros Moving Co 2013: Between the Sheets with Josh Macuga 2014: Untitled Jerrod Carmichael Pilot 2015: The Carmichael Show 2018: Drew Michael Untitled Nate Bargatze Project 2017: The Last Knight: One More Giant Effin' Movie 2017: Transformers 5: Uncovering the Junkyard Jerrod Carmichael in die Internet-rolprentdatabasis Jerrod Carmichael op Twitter Jerrod Carmichael op Facebook
65786
Noord-Yorkshire (Engels: North Yorkshire; uitgespreek /ˈjɔːkʃə/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Harrogate, Northallerton en Scarborough. Noord-Yorkshire het 'n geskatte bevolking van 1 153 400 in 2017 gehad en is dus die 16de grootste graafskap in die land. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Noord-Yorkshire. (en) Amptelike webwerf Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.