id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
105232
207099
Alan Aisenberg (gebore 18 Maart 1993) is 'n Amerikaanse vervaardiger, akteur, en kinematograaf. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Longshots (2008) en Second Act (2018), en in die televisiereekse Orange Is the New Black (2013) en Inside Amy Schumer (2013). 2008: The Longshots 2018: Second Act 2013: Orange Is the New Black 2013: Inside Amy Schumer 2018: Sebastian Wakes Up Alan Aisenberg in die Internet-rolprentdatabasis
209187
Tim Kang (gebore 16 Maart 1973) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Two Weeks Notice (2002), The Forgotten (2004), en Rambo (2008). 2002: Two Weeks Notice 2004: The Forgotten 2008: Rambo 2008: The Mentalist 2010: Futurestates 2017: The Trustee 2008: It's a Long Road: Resurrection of an Icon 2008: The Weaponry of Rambo 2009: The Mentalist: Evidence of a Hit Series Tim Kang in die Internet-rolprentdatabasis Tim Kang op Twitter
206363
Ommatokoita elongata is a 'n 30 mm-lange pienkwit parasiet in die subklas Copepoda. Dit word dikwels aangetref waar dit vasheg aan die korneas van die Groenlandse haai (Somniosus microcephalus) en die Pasifiese sluimerhaai (Somniosus pacificus). Die parasiet veroorsaak ernstige sigverlies by die haaie, maar daar word vermoed dat die haaie nie soseer op sig staatmaak vir hul oorlewing nie. Dit is die enigste spesie in die genus Ommatokoita. Borucinska, J. D.; Benz, G. W.; Whiteley, H. E. (1998). "Ocular lesions associated with attachment of the parasitic copepod Ommatokoita elongata (Grant) to corneas of Greenland sharks, Somniosus microcephalus (Bloch & Schneider)". Journal of Fish Diseases. 21 (6): 415–22. doi:10.1046/j.1365-2761.1998.00122.x. Berland, Bjørn (1961). "Copepod Ommatokoita elongata (Grant) in the Eyes of the Greenland Shark—a Possible Cause of Mutual Dependence". Nature. 191 (4790): 829–30. Bibcode:1961Natur.191..829B. doi:10.1038/191829a0. Benz, George W.; Borucinska, Joanna D.; Lowry, Lloyd F.; Whiteley, Herbert E. (2002).
206339
Edam is 'n stad in die Nederlandse munisipaliteit Edam-Volendam, provinsie Noord-Holland, met 'n bevolking van ongeveer 7 400 inwoners. Edam is bekend om die Edamkaas. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
207155
Tomas Arana (gebore 3 April 1955) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Gladiator (2000), The Bourne Supremacy (2004), Limitless (2011), en Guardians of the Galaxy (2014). 1986: Incidente di percorso 1988: Intimacy 1988: Domino 1988: Rosso di sera 1989: The Church 1990: Deadly Chase 1992: Body Puzzle 1992: Over the Line 1992: Misunderstanding of the Moon 1993: The Final Scoop 1997: Last Cut 1999: Wildflowers 1999: Branchie 2000: Gladiator 2001: Chimera 2002: Derailed 2002: Outpatient 2003: The Accidental Detective 2003: This Girl's Life 2004: The Bourne Supremacy 2004: The Three-Legged Fox 2004: Legami sporchi 2004: The Hungarian Servant 2005: Private Property 2010: Mission London 2010: Old School, New School 2011: Limitless 2013: The President's Staff 2014: Guardians of the Galaxy 2014: When Bette Met Mae 2016: Ustica: The Missing Paper 2017: MMA Love Never Dies Echoes of the Past 2013: Project: SERA 2013: Crime Stories 2014: Intelligence 1984: Tango glaciale 1985: Perfidi incanti 1985: Otello 1987: Il cespuglio delle bacche velenose 1988: The Prince of Terror 1993: Estasi 1996: Witness Run 1999: Tre stelle 1993: Madonna: Bad Girl 1999: Madonna: The Video Collection 93:99 2005: Strength and Honor: Creating the World of 'Gladiator' 2009: Defiance: Return to the Forest Tomas Arana in die Internet-rolprentdatabasis
207539
Desmin Borges (* April 1984) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Mr. Popper's Penguins (2011) en Private Life (2018), en in die televisiereekse You're the Worst (2014) en Preacher (2016). 2011: Mr. Popper's Penguins 2015: Open Tables 2017: DriverX 2018: Private Life 2012: Next Caller 2014: You're the Worst 2016: Preacher Desmin Borges in die Internet-rolprentdatabasis
209067
Peter Jacobson (gebore 24 Maart 1965) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Good Night, and Good Luck. (2005), Transformers (2007), en What Just Happened (2008), en in die televisiereeks House (2004). 1995: Jeffrey 1999: Hit and Runway 2001: Roomates 2005: Good Night, and Good Luck. 2007: Transformers 2008: What Just Happened 1995: Golf Talk 2000: Talk to Me 2003: A.U.S.A. 2004: House 2004: Method & Red 2006: In Justice 2016: Colony 2017: Adaptatsiya 2017: Colony: The Official Podcast 2001: Life with David J 2007: Inside the Lost Room 2008: House, M.D., Season Four: New Beginnings Peter Jacobson in die Internet-rolprentdatabasis
31241
Die Februarie-rewolusie (Russies: Февральская революция / Fevral'skaja revoljuzija) in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917. Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II, die val van Keiserlike Rusland en die einde van die Romanof-dinastie. ’n Voorlopige regering onder prins Georgi Lwof het die tsaar vervang. Lwof is later weer deur Aleksander Kerenski vervang. Die Tussentydse Regering was ’n alliansie tussen liberale en sosialiste wat politieke hervormings wou teweegbring en ’n demokraties verkose regering wou daarstel. Die rewolusie het volgens die Gregoriaanse kalender in Maart 1917 plaasgevind. Volgens die Juliaanse kalendar, wat Rusland in dié tyd gebruik het, het dit egter in Februarie geval, vandaar die naam Februarie-rewolusie. Dit het uitgebreek sonder enige spesifieke leierskap of vooraf beplanning. Die hoofstad, Petrograd (so genoem vanaf 1914; voorheen en tans weer Sint Petersburg), was die middelpunt van die aksie. Op 23 Februarie (8 Maart volgens die Gregoriaanse kalender) het mense in die rye vir kos begin betoog. Duisende vroulike tekstielwerkers het gou daarna by hulle aangesluit.
260304
Sarah Gadon (gebore 4 April 1987) is 'n Kanadese aktrise en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Cosmopolis (2012), Enemy (2013), The Amazing Spider-Man 2 (2014), en Dracula Untold (2014). 2003: Fast Food High 2011: The Moth Diaries 2012: Cosmopolis 2012: Antiviral 2013: Enemy 2014: The Amazing Spider-Man 2 2014: Dracula Untold 2015: The Girl King 2015: A Royal Night Out 2016: The 9th Life of Louis Drax 2016: Indignation 2018: Octavio Is Dead! 2019: Vampires Vs. the Bronx Echo 2002: The Strange Legacy of Cameron Cruz 2003: My Dad the Rock Star 2006: Ruby Gloom 2007: Friends and Heroes 2010: Happy Town 2012: Canadian Film Review 2015: CBC Arts: Exhibitionists 2018: Total DramaRama 2002: Society's Child 2008: The Cutting Edge 3: Chasing the Dream 2014: In Studio: Up Close and Personal 2008: Making of the Cutting Edge 3: Chasing the Dream 2014: Lucid Dreams: The Making of Enemy 2014: Belle: The Story 2014: Belle: The History Behind the Painting Sarah Gadon in die Internet-rolprentdatabasis Sarah Gadon op Twitter Sarah Gadon op Instagram
214901
Yul Vazquez (gebore 18 Maart 1965) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Runaway Bride (1999), Bad Boys II (2003), American Gangster (2007), en The A-Team (2010). 1999: Runaway Bride 2003: Bad Boys II 2005: The F Word 2007: American Gangster 2007: Southern Gothic 2007: The Box 2010: The A-Team 1999: Mondo Picasso 2012: Magic City 2014: The Lottery 2014: 100 Monologues 2016: Divorce 2010: Lies in Plain Sight 2014: Capturing Captain Phillips Yul Vazquez in die Internet-rolprentdatabasis
303504
Lotta Tejle (gebore 17 Maart 1960) is 'n Sweedse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Mäklarna (2006), The Sandhamn Murders (2010), 30° i februari (2012), en The Simple Heist (2017). 2007: Butterflies 2012: Metal Brothers 2002: Bella bland kryddor och kriminella 2006: Mäklarna 2010: The Sandhamn Murders 2012: 30° i februari 2013: Barna Hedenhös uppfinner julen 2015: Ack Värmland 2017: The Simple Heist Sommaren-85 2006: En uppstoppad hund 1983: Bitch: Leatherbound Lotta Tejle in die Internet-rolprentdatabasis
223921
Bianca Lawson (gebore 20 Maart 1979) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Primary Colors (1998) en Save the Last Dance (2001), en in die televisiereeks Rogue (2013). 1998: Primary Colors 2001: Save the Last Dance 2004: Dead & Breakfast 1994: What'z up? 1996: Goode Behavior 2013: Rogue 2013: Witches of East End 2004: Fearless 2011: Heavenly 2014: House of Secrets 1998: Twice the Fear 2007: Supergator Bianca Lawson in die Internet-rolprentdatabasis Bianca Lawson op Instagram
265976
Sophie Reynolds (gebore 2 April 1999) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Gamer's Guide to Pretty Much Everything (2015) en Youth & Consequences (2018). 2015: Gamer's Guide to Pretty Much Everything 2018: Youth & Consequences 2016: Mostly Ghostly: One Night in Doom House Sophie Reynolds in die Internet-rolprentdatabasis Sophie Reynolds op Twitter Sophie Reynolds op Instagram
217583
Paola Andino (gebore 22 Maart 1998) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Every Witch Way (2014), WITS Academy (2015), en Queen of the South (2016). 2014: Every Witch Way 2015: WITS Academy 2016: Queen of the South 2014: Every Witch Way: Spellbound 2015: The 30th Annual Imagen Awards Paola Andino in die Internet-rolprentdatabasis Paola Andino op Twitter
217639
Taylor Atelian (gebore 27 Maart 1995) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse According to Jim (2001) en Toddlers and Tiaras (2009). 2001: According to Jim 2009: Toddlers and Tiaras 2011: Season 3 According to Jim Taylor Atelian in die Internet-rolprentdatabasis
55363
Pelmeni Een van die nasionale geregte van Rusland en Oekraïne  Litaue Koldūnai  Letland Pelmeņi  Estland Pelmeenid Pelmeni (Russies: пельмени) is deegbolletjies met 'n vulsel van vleis wat in water of vleisaftreksel gekook word. Hulle word by 'n sop gevoeg of as hoofgereg geniet. Pelmeni het hulle oorsprong heel waarskynlik in die kookkuns van Tatarstan of Siberië en word lankal as een van die nasionale geregte van Rusland en Oekraïne beskou. Nou verwante geregte in ander dele van Europa is Italiaanse ravioli en tortellini of Swabiese Maultaschen in Suidwes-Duitsland, maar ook Sjinese jiaozi en wan tan kan as soortgelyke geregte beskou word. Die deeg vir pelmeni word van meel, water en sout berei, soms word ook enkele eiers bygevoeg. Die deeg word glad geknie en met gemaalde vark-, bees-, lam-, bees- of kalkoenvleis, vis of sampioene gevul. Dikwels is die vulsel ook 'n mengsel van verskillende soorte vleis. Vir die tradisionele Oedmoertiese metode word 'n mengsel van 45 persent bees-, 35 persent skaap- en 20 persent varkvleis gebruik.
268566
Roger Delgado (1 Maart 1918 – 18 Junie 1973) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprent The Running Man (1963) en in die televisiereekse St. Ives (1955), Doctor Who (1963), en The Man in the Iron Mask (1968). 1963: The Running Man 1955: St. Ives 1957: Huntingtower 1959: The Third Man 1960: Biggles 1961: Sir Francis Drake 1961: Plateau of Fear 1961: Triton 1963: Doctor Who 1968: The Man in the Iron Mask 1948: Distinguished Gathering 1952: Portrait of Peter Perowne 1956: The Alien Sky 1956: The Advancing Shadow 1959: The Three Princes 1992: Resistance Is Useless 1997: Myth Makers: Roger Delgado - A Tribute 2005: Terrance Dicks: Fact & Fiction 2005: Directing Who: Michael Ferguson 2009: Roger Delgado: The Master 2011: The U.N.I.T Family: Part Two Roger Delgado in die Internet-rolprentdatabasis
389277
Die 2022 Formule Een Saoedi-Arabiese Grand Prix is op 27 Maart 2022 op die Djedda-straatrenbaan gehou, en was die 1059ste byeenkoms van die Formule 1-wêreldkampioenskap sedert 1950 gewees. Dit was die tweede uitgawe van die Grand Prix ​​van Saoedi-Arabië vir die Formule 1-wêreldkampioenskap en die tweede rondte van die 2022-kampioenskap. Sebastian Vettel (Aston Martin) is weereens deur Nico Hülkenberg vervang vir hierdie Grand Prix omdat Vettel steeds COVID-19-positief was. Pirelli het die volgende bande in Saoedi-Arabië verskaf: Daar was drie oefensessies, elk een uur lank. Die eerste twee was op Vrydag 25 Maart om 17h00 en 20h00 (plaaslike tyd UTC+03:00) en die derde op 26 Maart om 17h00. Kwalifisering het op 26 Maart om 20h00 plaaslike tyd plaasgevind. *1 Daniel Ricciardo ontvang 'n roosterstraf van drie plekke vir die hinder van Esteban Ocon tydens K2. *2 Mick Schumacher het onttrek uit die wedren, weens 'n swaar ongeluk tydens kwalifisering. Sy roosterplek is deur die ander jaers ingeneem. *3 Joeki Tsunoda behaal geen tyd in K1 weens 'n probleem met die verkoeling, maar mag steeds aan die ren deelneem.
217286
Ron White (gebore 18 Desember 1956) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Blue Collar Comedy Tour: The Movie (2003), Sex and the City 2 (2010), en Horrible Bosses (2011), en in die televisiereeks Roadies (2016). 2003: Blue Collar Comedy Tour: The Movie 2010: Sex and the City 2 2011: Horrible Bosses 2008: The Gong Show with Dave Attell 2016: Roadies 2003: Senor White 2006: The Ron White Animated Show 2005: Redneck Comedy Roundup 2005: Ron White, Jeff Foxworthy & Bill Engvall: Live from Las Vegas! 2012: Ron White: A Little Unprofessional Ron White in die Internet-rolprentdatabasis
40650
Stefani Joanne Angelina Germanotta (gebore 28 Maart 1986), beter bekend onder haar verhoognaam Lady Gaga is 'n Amerikaanse musikant en aktrise. Sy het begin deur in klubs in die New York Stad-area op te tree terwyl sy ook vir Interscope Records gewerk het as 'n liedjieskrywer vir verskeie gevestigde optredes, insluitende Akon. Nadat Akon Gaga hoor sing het, het hy haar 'n kontrak met sy eie plateëtiket, Kon Live Distribution, aangebied. Sy het toe aan haar eerste ateljeealbum begin werk. Stefani Joane Angelina Germanotta is op 28 Maart 1986 in New York gebore. Haar pa, Joseph Germanotta, is 'n Internet-entrepreneur, en haar ma, Cynthia Germanotta, werk as 'n telekommunikasie-assistent. Gaga het haar eerste liedjie op dertien geskryf, met die naam "Om weer lief te hê," en, volgens die sanger, is dit in ongeveer 15 minute geskryf, terwyl haar pa besig was om sy motor te parkeer. Daarbenewens, het sy teen veertien begin om aan oop-mikrofoon-nagte deel te neem. Op die ouderdom van elf is Gaga by 'n privaat Katolieke skool genaamd Sacred Heart Convent in Manhattan ingeskryf.
15121
Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese prinsdom, sien Prinsdom van Wallis. Wallis (Engels: Wales, [ˈweɪlz], luister (hulp·inligting); Wallies: Cymru, [ˈkəmri], luister (hulp·inligting)) is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Dit lê in die suidweste van Groot-Brittanje en word deur die Engelse graafskappe (counties) Cheshire, Shropshire, Herefordshire en Gloucestershire in die ooste, die Kanaal van Bristol in die suide, die Sint-Georgekanaal (St. George's Channel) in die suidweste en die Ierse See in die weste en noorde begrens. Soms word na Wallis ook as die Vorstedom van Wallis (Engels: Principality of Wales, Wallies: Tywysogaeth Cymru) verwys, alhoewel die Prins van Wallis nie by die regering van die land betrokke is nie en hierdie naam nie deur alle bewoners van Wallis goedgekeur word nie. Wallis het nooit as 'n soewereine staat bestaan nie, en die Walliese deelkoninkryke is in 1282 deur Engeland geannekseer, nadat die Engelse koning Edward I in die Slag van Cilmeri 'n oorwinning oor die Walliese monarg Llywelyn II behaal het.
370650
Die Uruk-tydperk (omstreeks 4000-3100 v.C.; ook bekend as die Protogeletterdheidstydperk) het van die prehistoriese Eneolitikum geduur tot die vroeë Bronstydperk in die geskiedenis van Mesopotamië. Dit was ná die Obeid-tydperk en voor die Jemdet Nasr-tydperk. Dit is genoem na die Sumeriese stad Uruk en was die begin van die stedelike lewe in Mesopotamië en die Sumeriese beskawing. In die laat Uruk-tydperk (34ste tot 32ste eeu v.C.), wat met die vroeë Bronstydperk ooreenstem, het wigskrif geleidelik ontstaan. In dié tydperk het die beskildering van erdewerk afgeneem namate koper gewild geword het. Silinderseëls het ook ontstaan. Die term Uruk-tydperk is in 1930 begin gebruik saam met die name Obeid- en Jemdet Nasr-tydperk. Daar word heelwat gedebatteer oor die chronologie van die Uruk-tydperk en die datums is nog onseker. Dit is bekend dat dit die grootste deel van die 4de milennium v.C. beslaan het, maar geen begin- of einddatum is al vasgestel nie. Dit is hoofsaaklik daaraan te wyte dat die oorspronklike stratigrafie van die sentrale distrik van Uruk antiek en baie onduidelik is.
191692
Scott John Morrison (gebore 13 Mei 1968) is 'n Australiese politikus wat sedert 24 Augustus 2018 as die 30ste Eerste Minister van Australië en Leier van die Liberale Party dien. Hy is sedert 2007 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers van Australië vir Cook in Nieu-Suid-Wallis. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Scott Morrison. Scott Morrison op Twitter Verskynings op C-SPAN
250612
Konotop (Oekraïens: Конотоп) is 'n stad in Oekraïne met 'n bevolking van omtrent 87 099 in 2018. Mezdra, Bulgarye Krasnhorivka, Oekraïne Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konotop. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
84145
Die Proterosoïkum of Proterosoïese Eon is die derde geologiese eon in die Aarde se bestaan en die laaste eon wat deel van die Prekambrium (die tydperk voor die huidige eon) is. Dit het sowat 2,5 miljard jaar gelede begin met die einde van die Argeïkum en geduur tot die begin van die Fanerosoïkum sowat 541 miljoen jaar gelede. Die naam kom van Grieks en beteken "vroeëre lewe". Die belangrikste gebeurtenisse van dié eon was die versameling van suurstof in die atmosfeer, verskeie ysvormingstydperke en die evolusie van sagte, meersellige organismes. Die geologiese rekord van die era is baie beter as met die voorafgaande Argeïkum. Baie van die rotse wat in dié tyd gevorm is, het onveranderd gebly. Bestudering van die rotse wys dat die vorming van kontinente wat laat in die vorige eon begin het, voortgeduur het. ’n Superkontinent, Rodinië, het tussen 1 miljard en 830 miljoen jaar gelede gevorm. Dit was egter nie die eerste superkontinent nie; dit het gevorm met die saampakking van stukke wat ontstaan het met die opbreking van ’n vorige superkontinent, Nuna of Columbia, wat sowat 2 miljard tot 1,8 miljard jaar gelede gevorm het.
367596
Die Guptaryk (Sanskrit : gupta) was 'n dinastie op die Indiese subkontinent tussen die laat 3de en 6de eeue. In die 4de en 5de eeu het hulle 'n ryk regeer wat byna die hele Noord-Indië beslaan het.   Alhoewel hul ryk nooit so groot was soos die vroeëre Maurya-ryk of die latere Mughal-ryk nie, word die Guptas as een van die belangrikste dinastieë in die geskiedenis van Indië beskou. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die sosiale en kulturele ontwikkelings wat gedurende hulle heerskappy plaasgevind het. In die tydperk voor die Gupta periode het die inval van mense uit die noordweste politieke onstabiliteit meegebring maar ook die ontwikkeling van kultuur. In die tydperk van die Guptas het Indië 'n stabiele tydperk beleef waarin handel met die Middellandse See Sjina en Sentraal- en Suidoos-Asië groter welvaart gebring het. Die wetenskap, nywerheidswese,  letterkunde en kunste het in hul tyd floreer. Die Guptas het 'n groeiende belangstelling in antieke Vediese en Brahmaniese tekste gestimuleer. Terselfdertyd het nuwe kultusvorms ontstaan ​​wat gebaseer was op persoonlike toewyding. Die ontwikkelings vorm die basis vir die opkoms van moderne hindoeïsme.
217761
Bonnie Bedelia (gebore 25 Maart 1948) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Heart Like a Wheel (1983), Die Hard (1988), Die Hard 2 (1990), en Presumed Innocent (1990). 1970: Lovers and Other Strangers 1972: The Strange Vengeance of Rosalie 1972: In Pursuit of Treasure 1973: Between Friends 1978: The Big Fix 1983: Heart Like a Wheel 1986: Death of an Angel 1986: The Boy Who Could Fly 1986: Violets Are Blue... 1987: The Stranger 1988: Die Hard 1988: The Prince of Pennsylvania 1989: Fat Man and Little Boy 1990: Die Hard 2 1990: Presumed Innocent 1993: Needful Things 1994: Judicial Consent 1994: Speechless 1997: Bad Manners 2000: Sordid Lives 2003: Manhood 2007: At Lionhead 2016: Broken Links 2017: A Very Sordid Wedding 1969: Then Came Bronson 1971: Norman Corwin Presents 1973: Hawkins 1973: Love Story 1974: The New Land 1987: The Morning Program 1999: Partners 2001: The Division 2008: Sordid Lives: The Series 1972: Sandcastles 1973: Message to My Daughter 1973: A Time for Love 1974: Heatwave! 1979: Salem's Lot 1980: Fighting Back: The Story of Rocky Bleier 1982: Million Dollar Infield 1983: Memorial Day 1985: The Lady from Yesterday 1986: Alex: The Life of a Child 1987: When the Time Comes 1990: Somebody Has to Shoot the Picture 1991: Switched at Birth 1992: A Mother's Right: The Elizabeth Morgan Story 1995: Legacy of Sin: The William Coit Story 1995: Shadow of a Doubt 1996: Her Costly Affair 1997: Any Mother's Son 1998: To Live Again 1999: Locked in Silence 2000: Picnic 2017: A Joyous Christmas 1990: The Making of 'Die Hard 2' Bonnie Bedelia in die Internet-rolprentdatabasis
207311
Troy Baker (gebore 1 April 1976) is 'n Amerikaanse akteur. 1998: Detective Conan: The Fourteenth Target 2001: Detective Conan: Countdown to Heaven 2007: One Piece: Episode of Alabaster - Sabaku no Ojou to Kaizoku Tachi 2009: Tales of Vesperia: The First Strike 2011: Gekijouban Sengoku Basara: The Last Party 2015: The Phoenix Incident 2018: The Hollywood Experience 2001: Baki the Grappler 2005: Race Car Driver 2005: Negima! 2005: Basilisk: The Kouga Ninja Scrolls 2005: Peach Girl 2006: Laws of Chance 2006: Kekkaishi 2007: Darker Than Black: Gemini of the Meteor 2008: Vampire Knight 2008: Vampire Knight Guilty 2010: NFL Rush Zone 2011: Blade 2013: Avengers Assemble 2015: Batman Unlimited 2015: Titansgrave: The Ashes of Valkana 2017: Talkin' Toons 1997: Lupin III: Island of Assassins 1999: Lupin III: Da Capo of Love - Fujiko's Unlucky Days 2006: Fullmetal Alchemist: Premium Collection 2012: Dear Dracula 2012: Scooby-Doo!
220936
Lucy DeVito (gebore 11 Maart 1983) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Leaves of Grass (2009) en The Comedian (2016), en in die televisiereekse It's Always Sunny in Philadelphia (2005) en Deadbeat (2014). Sy is die dogter van die akteurs Danny DeVito en Rhea Perlman. 2009: Leaves of Grass 2016: The Comedian 2018: Cubby Incy Wincy Spider 2005: It's Always Sunny in Philadelphia 2010: Melissa & Joey 2012: CrimeFighters 2014: Deadbeat 2017: Adults 2018: Cady Did 2011: Empires 2012: The Share 2013: How to Succeed at Birth 2016: Patriettes 2008: Wynnwood Lane 2015: 7th Annual Shorty Awards Lucy DeVito Is Danny DeVito's Daughter Geargiveer 5 Julie 2014 op Wayback Machine, rightcelebrity.com; accessed Maart 20, 2017. Lucy DeVito in die Internet-rolprentdatabasis
223826
Rachel Korine (gebore 4 April 1986) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Mister Lonely (2007), Trash Humpers (2009), Spring Breakers (2012), en Men Go to Battle (2015). 2007: Mister Lonely 2009: Trash Humpers 2009: The Lonely 2012: Spring Breakers 2012: The Fourth Dimension 2014: Druid Peak 2015: Men Go to Battle Rachel Korine in die Internet-rolprentdatabasis Rachel Korine op Facebook
254475
Ben Daniels (gebore 10 Junie 1964) is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Rogue One: A Star Wars Story (2016) en in die televisiereekse House of Cards (2013) en The Exorcist (2016). 1997: Passion in the Desert 1998: Madeline 1999: Fanny and Elvis 2002: Fogbound 2014: Luna 2016: Rogue One: A Star Wars Story 2002: Cutting It 2006: The State Within 2009: Law & Order: UK 2013: House of Cards 2016: The Exorcist 1996: Truth or Dare 2000: Britannic 2003: Real Men 2005: Behind the Scenes: Agatha Christie's Marple 2005: Ian Fleming: Bondmaker 2007: Who Killed Mrs De Ropp? 2014: Kids Who Kill 2015: Casanova 2015: Virtuoso 2018: Jesus Christ Superstar Live in Concert 2001: Married/Unmarried 2007: The Making of 'The State Within' 2014: House of Cards: Politics for the Sake of Politics Ben Daniels in die Internet-rolprentdatabasis
123513
Die Borderkollie is 'n honderas wat gebruik word om werk te verrig, soos om vee op te pas. Dit is in die Anglo-Skotse grensstreek ontwikkel vir die aanjaag van vee, veral skape. Dit is spesifiek geteel vir intelligensie en gehoorsaamheid. Hulle word beskou as hoogs-intelligent, uiters energiek, akrobaties en atleties, en hulle het reeds dikwels met groot sukses gekompeteer in skaaphondproewe en die hondesport. Hulle word dikwels as die mees intelligente van alle huishoudelike honde beskou. Borderkollies word steeds benut in hul tradisionele rol vir die aanjaag van vee oor die hele wêreld. In die algemeen is Borderkollies mediumgroot honde met 'n matige hoeveelheid haarpels, wat in die meeste gevalle dik is en dikwels verhaar. Hulle het 'n dubbele laag wat wissel van glad tot grof en is soms gekrul. Terwyl swart-en-wit die algemeenste kleurpatroon van die Borderkollie is, kom die ras ook in enige kleur en patroon voor wat byhonde bekend is. Sommige van hierdie sluit in swart driekleur (swart/bruin/wit), lewer-en-wit, en rooi driekleur (rooi/bruin/wit) word ook gereeld gesien, met ander kleure soos blou, lila, rooi merle, blou merle, briekwa, en Australiese rooi wat minder gereeld voorkom.
94181
IBERIA is die vlagdraer en grootste lugredery van Spanje. Dit is gebaseer in Madrid en bedryf 'n internasionale netwerk van dienste vanuit sy belangrikste basisse, die Adolfo Suárez Madrid–Barajas Lughawe en Barcelona–El Prat-lughawe. IBERIA, met Iberia Streeksdiens (bedryf deur 'n onafhanklike diensverskaffer Air Nostrum) en Iberia Express, is deel van die Iberiagroep. Bykomend tot die vervoer van passasiers en vrag, bedryf Iberiagroep nog verwante aktiwiteite, soos die instandhouding van vliegtuie, die hantering van vrag op die lughawe, IT-stelsels en vlugspyseniering. Die Iberiagroep vlieg na 102 bestemmings in 39 lande, en 'n verdere 90 bestemmings deur kodedeelooreenkomste met ander rederye. Op 8 April 2010 is bevestig dat British Airways en Iberia 'n ooreenkoms onderteken het om saam te smelt, om die gesamentlike werking van die derde grootste kommersiële lugredery in die wêreld deur inkomste te vorm. Aandeelhouers van albei rederye het die transaksie op 29 November 2010 goedgekeur. Die nuut saamgesmelte maatskappy, bekend as International Airlines Group (IAG), is in Januarie 2011 gestig, alhoewel beide rederye vir eers sal voortgaan om onder hul huidige handelsmerke te opereer. "Airline Membership".
36411
Joni Mitchell, Companion of the Order of Canada/Ordre du Canada, (gebore as Roberta Joan Anderson op 7 November 1943) is 'n Kanadese musikus, sangeres, liedjieskryfster en skilderes. Mitchell het haar loopbaan as sangeres in klein nagklubs in Wes-Kanada en straatmusikant in Toronto begin. In die middel van die sestigerjare het die florerende folk music-scene haar na New York gelok waar sy in 1968 haar debuutalbum opgeneem en met Urge for Going, Chelsea Morning, Both Sides Now en Woodstock eerste sukses as liedjieskryfster behaal. Uiteindelik het sy ook self bekendheid as sangeres verwerf. Ná haar verhuising na Kalifornië het Mitchell 'n sleutelfiguur in die folk rock-beweging geword wat destyds tot een van die beduidendste stromings in die musiekbedryf ontwikkel het. Blue, haar meer persoonlike album wat in 1971 vrygestel is, word as een van die mees geslaagde en invloedrykste langspelers van hierdie tydperk beskou. Mitchell het destyds ook gewilde popmusiektreffers soos Big Yellow Taxi, Free Man in Paris en Help Me geskep, waarvan die laaste twee enkelsnitte van haar blitsverkoper-album Court and Spark was wat in 1974 verskyn het.
88189
Die outismespektrum beskryf ’n reeks toestande wat as neuro-ontwikkelingsteurings geklassifiseer word in die vyfde uitgawe van die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM-5). Die DSM-5, wat in 2013 gepubliseer is, het die outismespektrum herdefinieer om die DSM-IV se diagnoses van outisme, Aspergersindroom, ontwykende-ontwikkelingsteuring, kinderdisintegrasiesteuring en Rettsindroom in te sluit. Hierdie steurings word gekenmerk deur sosiale tekortkomings en kommunikasieprobleme, stereotiepe of herhalende gedrag en belangstellings, en bewussynsvertragings. "Autism spectrum disorder fact sheet" (PDF). DSM5.org (in Engels). Amerikaanse Psigiatriese Vereniging. 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 November 2016. Besoek op 13 Oktober 2013. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
214093
Rob Riggle (gebore 21 April 1970) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Hangover (2009), 21 Jump Street (2012), en Dumb and Dumber To (2014), en in die televisiereeks The Daily Show (1996). 2003: Pushing Tom 2003: Once Brothers 2004: Blackballed: The Bobby Dukes Story 2009: The Hangover 2012: 21 Jump Street 2012: Nature Calls 2014: Dumb and Dumber To 2014: Let's Be Cops 2015: Absolutely Anything 2016: Opening Night 2018: Midnight Sun The Boondoggle Embassy The Kicker 1994: Fox NFL Sunday 1996: The Daily Show 1998: Upright Citizens Brigade 2004: Straight Plan for the Gay Man 2004: A2Z 2007: Bronx World Travelers 2011: NTSF:SD:SUV 2011: Issues 2012: World Series of Dating 2013: Coogan Auto 2013: Golan the Insatiable 2014: The Rich Eisen Show 2017: The Gong Show 2018: Fancy Nancy 2018: Rob Riggle's Ski Master Academy 2018: James Corden's Next James Corden 2010: Team Spitz 2011: Home Game 2013: The Gabriels 2014: The Pro 2014: iHeart Radio Album Release Party with Maroon 5 2015: 48 Hours 'til Monday 2017: Untitled Single Dad Project 2017: New Year's Eve with Steve Harvey 2018: Lost in Queens 2018: Shaq Does Shark Week Untitled Rob McElhenney/Rob Rosell/Fox Project 2010: Pete Carroll's Trip to Seattle Delayed 2010: Killer Chemistry: Behind the Scenes with the Killers' Cast & Crew According to the State of Kentucky.
277711
Valerie Boothby (1906 – 1982) was 'n Duitse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Die Todesfahrt im Weltrekord (1929), Der Monte Christo von Prag (1929), He or I (1930), en In einer kleinen Konditorei (1930). 1927: Der Sieg der Jugend 1927: Die Frau mit dem Weltrekord 1928: Der Tanzstudent 1928: Adam und Eva 1928: Angst - Die schwache Stunde einer Frau 1929: Die Todesfahrt im Weltrekord 1929: Der Monte Christo von Prag 1929: Frauen am Abgrund 1929: Inherited Passions 1929: Jagd auf dich 1929: Mädchen am Kreuz 1929: Rund um die Liebe 1930: He or I 1930: In einer kleinen Konditorei 1930: Sturm auf drei Herzen Valerie Boothby in die Internet-rolprentdatabasis
532
Die jaar 1918 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 8 Januarie – Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika (KWV) word gevorm. 22 Januarie – Oekraïne verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland. 16 Februarie – Litaue verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland. 24 Februarie – Estland verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland. 12 Maart – Na meer as tweehonderd jaar word Moskou weer tot hoofstad van Rusland verklaar. 21 Maart – Duitsland loods ’n groot offensief in die Somme-gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog. 24 April – Die Nederlandse Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) word gestig. 26 Mei – Georgië verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland. 28 Mei – Azerbeidjan verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland. 16-17 Julie – Die moord op die Romanofs vind plaas. 28 Oktober – Tsjeggo-Slowakye verkry onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye. 30 Oktober – Kapitulasie van die Ottomaanse Ryk. 31 Oktober – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk.
13634
Elon Musk (gebore 28 Junie 1971 in Pretoria, Suid-Afrika) is 'n VSA-gebaseerde internet- en ruimtelanseringsentrepreneur. Hy het Suid-Afrikaanse, Kanadese en Amerikaanse burgerskap. Musk is gebore op 28 Junie 1971 in Pretoria, Transvaal, Suid-Afrika, die seun van Maye Musk (née Haldeman), 'n mannekyn en dieetkundige vanaf Saskatchewan, Kanada, en Errol Musk, 'n Suid-Afrikaanse elektromeganiese ingenieur, vlieënier en matroos. Hy het 'n jonger broer, Kimbal (gebore 1972), en 'n jonger suster, Tosca (gebore 1974). In 1995 het Musk sy doktorale studies in die fisika van energie aan Stanford Universiteit gestaak om die medestigter van die maatskappy Zip2 te word. Die maatskappy het publikasiesagteware aanlyn vir nuusorganisasies voorsien. In 1999 het Compaq se AltaVista-afdeling Zip2 vir VS$ 341 miljoen in kontant en effekte gekoop. Elon en sy broer Kimbal het ongeveer 12 persent aandele in Zip2 besit op daardie tydstip. In Maart 1999 word Musk die medestigter van X.com, 'n aanlyn-bankbetaaldiens.
221329
Heidi Gardner (gebore 27 Julie 1983) is 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Dibs! (2014) en Life of the Party (2018), en in die televisiereekse Saturday Night Live (1975) en Bratz (2015). 2014: Dibs! 2018: Life of the Party 1975: Saturday Night Live 2015: Bratz 2015: SuperMansion 2017: Butch & Nellie Take the Rap Game 2013: Übermansion 2016: Small Victories 2017: Game Night: A Tribute to Zelda and Nintendo Switch Heidi Gardner in die Internet-rolprentdatabasis
100017
Die Río de la Plata (Spaans: [ˈri.o ðe la ˈplata], letterlik "Silwerrivier") is 'n estuarium (breë riviermonding) waar die Río Paraná en Río Uruguay in die Atlantiese Oseaan vloei. Dit vorm die karakteristieke suidoostelike inkeping in die Suid-Amerikaanse kuslyn. Die monding is in totaal 290 kilometer lank. Waar die twee riviere ontmoet, is die rivier 48 kilometer breed; by die oseaan neem dit tot 220 kilometer toe, wat die Río de la Plata die breedste rivier ter wêreld maak. Die Spaanse seevaarder, Juan Díaz de Solís, was die eerste Europeër wat die Río de la Plata besoek het. Hy het dit teëgekom toe hy van die Brasiliaanse kus na die suide gevaar het. Hy het gedag dis 'n seearm waarvan die water op onverklaarbare manier soet was. Hy noem dié see Mar Dulce ("die Soete See"). Omdat sy karvele vlak bodems gehad het, kon hy die rivier opvaar. Die estuarium vorm gedeeltelik die natuurlike grens tussen Argentinië en Uruguay. Die hoofstad van Argentinië, Buenos Aires, en dié van Uruguay, Montevideo, lê aan die Río de la Plata.
35519
Telefoontjie is ʼn baie eenvoudige speletjie wat binne of buite gespeel kan word. Dit toets en verbeter kinders se luister- en onthouvaardighede. Die kinders wat saam speel sit almal in ʼn kring. Daar is een kring leier in die middel van die sirkel wat ʼn storie of sin uitdink. Die kring leier fluister die sin in die eerste persoon se oor wat begin, Dan fluister die eerste persoon die sin of twee in die persoon langs hom/haar se oor. Sonder om die boodskap weer te hoor moet die persoon aan wie eerste gefluister is, die boodskap aanstuur met ʼn woord wat hy byvoeg of nie byvoeg nie afhangende of die kring leier hom ʼn woord gegee het om by te voeg. Die boodskappe moet dan die ronde doen totdat dit die laaste persoon bereik of die kring leier mag enige persoon vra wat sy boodskap is. Hy of sy moet dan die boodskap hardop sê. Al belangrike reël is dat die boodskap nie herhaal mag word aan dieselfde persoon nie. Wat jy hoor moet jy aanstuur as die kring leier jou ʼn ekstra woord gegee het om by te voeg moet jy dit byvoeg tot ʼn voledige sins bou maar wel dieselfde betekenis he as die oorsponklike sin.
80278
Die Witgatspreeu (Lamprotornis bicolor) is 'n endemiese algemene standvoël in grasveld en Karoobossieveld. Hulle kom dikwels in swerms voor en soms saam met lelspreeus. Die voël is 27 cm groot en weeg 94 - 112 gram. In Engels staan die voël bekend as die Pied starling. Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1 BirdLife International (2004). Spreo bicolor. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 14 Junie 2008.
78295
Fonthill Abbey was 'n groot herehuis in die Neogotiese styl wat die eksentrieke skrywer William Thomas Beckford (1760−1844) omstreeks 1800 vir homself naby Fonthill Gifford in die Engelse graafskap Wiltshire laat bou het. Die argitek was James Wyatt. Die merkwaardigste kenmerk van Fonthill Abbey was die hoë toring wat weens ontwerps-, bou- en materiaalfoute verskeie kere ineengestort het en van die herehuis 'n berugte voorbeeld van argitektoniese megalomanie en gebrek aan tegniese kennis gemaak het. Daar word aangeneem dat Beckford sy eie roman Vathek, wat in 1786 gepubliseer is en waarin 'n kalief 'n poging onderneem om die hoogste toring ter wêreld op te rig om 'n uitsig oor alle lande te kry, as voorbeeld vir sy projek gebruik het. Die herehuis is intussen grotendeels afgebreek. Beckford se obsessie om Fonthill Abbey ten alle koste in die kortste moontlike tyd te voltooi het, saam met sy ambisie om die toring so hoog moontlik te bou en Wyatt se gebruik van sogenaamde compo-cement as boumateriaal ('n mengsel van hout en sement), daartoe gelei dat die herehuis se strukturele integriteit ver onder die aanvaarbare standaarde was.
232974
Ray Bolger (10 Januarie 1904 – 15 Januarie 1987) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Great Ziegfeld (1936), The Wizard of Oz (1939), April in Paris (1952), en Babes in Toyland (1961). 1936: The Great Ziegfeld 1938: Sweethearts 1939: The Wizard of Oz 1941: Sunny 1942: Four Jacks and a Jill 1946: The Harvey Girls 1949: Look for the Silver Lining 1949: Make Mine Laughs 1952: April in Paris 1952: Where's Charley? 1961: Babes in Toyland 1979: Just You and Me, Kid 1979: The Runner Stumbles 1985: That's Dancing! 1948: Ted Mack & the Original Amateur Hour 1953: Where's Raymond? 1956: Washington Square 1958: Social Security in Action 1960: Celebrity Golf 1973: Tomorrow Coast to Coast 1955: Max Liebman Presents: Big Time 1962: The Little Sweep 1975: The Entertainer 1978: Three on a Date 1979: Heaven Only Knows 1979: The Making of 'The Wizard of Oz' 1983: Peter and the Magic Egg 1985: The Whimsical World of Oz 1990: The Wonderful Wizard of Oz: 50 Years of Magic 2000: The Legend Floyd: The Dark Side of the Rainbow 2005: Prettier Than Ever: The Restoration of Oz 2009: To Oz!
21103
Atlantiese kabeljou (Gadus morhua) is gewoonlik grys-groen, maar kan ook rooi-bruin wees afhangende van die vis se habitat. Die vis se gemiddelde massa is 4,5—11,3 kg, maar voorbeelde van tot 90 kg is al waargeneem. Kabeljou vreet weekdiere, krappe, garnale en ander skaaldiere, stervisse, wurms, pylinkvis, en kleiner visse. Sommige migreer in die winter suid om te broei. 'n Groot wyfievis lê tussen twee en elf miljoen eiers in die middel van die see — waarvan slegs 'n klein hoeveelheid oorleef. Tot in 1992 is hierdie vis naby die Grand Banks, oos van Kanada, in groot getalle gevang, maar toe het die populasie ingestort. Dit het gelei tot 'n verbod op visvang in hierdie gebied wat egter selfs na 15 jaar nog nie herstel het na die oorspronklike getalle nie. Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Europese kabeljou Gadus morhua by Fishbase. "WWF" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2018. Besoek op 16 Mei 2016. Hierdie artikel is ’n saadjie.
39813
Pius III was die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van September 1503 tot Oktober 1503. Pous Pius III is gebore as Francesco Todeschini Piccolomini op 29 Mei 1439 in Sienna, Italië. Hy is die tweede seun van 'n regsgeleerde, Giovanni de Todeschini en sy vrou Laodomia Piccolomini, die suster van Pous Pius II. Hy het nog vyf broers en twee susters gehad. Francesco studeer regte in Wenen en Perugia. Hy behaal 'n doktorsgraad in die regte aan die universiteit van Perugia. Toe sy oom pous word, benoem hy hom eers as domheer op 6 Februarie 1460 en op 23 April 1459 as biskop van Sienna. Op 5 Maart 1460 word hy kardinaal. Toe Pous Pius II op 18 Junie 1464 uit Rome vertrek, stel hy Francesco administrateur van die kerklike staat gedurende sy afwesigheid. Francesco het geleer om Duits te praat. Daardeur het hy baie nuttige kontakte met die Duitse kerk en die keiser bekom. Op 24 Desember 1468 ontvang hy keiser Frederik III aan die poorte van Rome. Na die dood van sy oom onder die bewind van pouse Paulus II, Sixtus IV en Innocentius VIII behartig hy die Duitse belange in die kurie.
99877
Wimzie's House is 'n Amerikaanse / Kanadese televisiereeks vir voorskoolse kinders. Wimzie is 'n klein monster-dogtertjie wat saam met haar ouers (Rousso en Graziella), haar ouma (Yaya) en haar boetie (Bo) woon. Vriende kom altyd oor om vir die dag by Wimzie te kom speel. Dit lei gewoonlik tot die een of ander probleem wat tot die episode se les aanleiding gee. "Wimzie's House TV Show" (in Engels). TV.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2018. Besoek op 26 Mei 2007. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
293761
Eric Bana (gebore 9 Augustus 1968) is 'n Australiese akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Chopper (2000), Troy (2004), Munich (2005), en The Time Traveler's Wife (2009). 2000: Chopper 2001: Black Hawk Down 2002: The Nugget 2003: Hulk 2004: Troy 2005: Munich 2007: Lucky You 2007: Romulus, My Father 2008: The Other Boleyn Girl 2009: The Time Traveler's Wife 2009: Mary and Max 2009: Funny People 2009: Love the Beast 2011: Hanna 2012: Deadfall 2013: Closed Circuit 2013: Tempest at the Drop-in 2014: Deliver Us from Evil 2016: The Finest Hours 2016: The Secret Scripture 2016: Special Correspondents 2017: The Forgiven 2017: The Making of the Secret Scripture 1993: Full Frontal 1997: Eric 1997: The Eric Bana Show Live 2001: The Ray Martin Show 2003: Cartaz Cultural 2006: Morning Glory 2006: Movie Rush 2007: Reel Junkie 2012: Eddie McGuire Tonight 2015: Stop Laughing...
100260
'n Emosie kan beskryf word as 'n innerlike belewenis of gevoel van byvoorbeeld vreugde, angs, boosheid of hartseer wat spontaan te voorskyn kan kom of deur 'n bepaalde situasie opgewek kan word. Emosies gaan egter nie net met subjektiewe gevoelens gepaard nie, maar ook met liggaamlike reaksies en bepaalde gedrag. In 'n biologiese sin kan mens 'n emosie ook definieer as 'n reaksie van die brein op 'n gemoedsprikkel. Dié kom sowel by mense as diere feitlik outomaties in 'n bepaalde gedragspatroon tot uiting (byvoorbeeld om op die vlug te slaan of toenadering te soek) asook in fisiologiese reaksies. Die gevoel kan dan beskou word as 'n spesiale uiting of vorm van emosie wat tipies is van mense, naamlik die bewuste belewenis of geestesrefleksie van 'n emosie. Emosie is enige bewuste ervaring wat deur intensiewe breinaktiwiteit en 'n bepaalde graad van genot of misnoeë gekenmerk word. Wetenskaplike diskoers skep ander betekenisse en daar is geen konsensus oor 'n definisie vir emosie nie. Emosie word dikwels met bui, temperament, persoonlikheid, gesindheid en motivering vervleg.
58707
Stella Blakemore (13 April 1906 – Mei 1991) was 'n populêre Suid-Afrikaanse skrywer wat Afrikaanse jeugboeke geskryf het. Sy is veral bekend vir haar 'koshuis'-reekse en sy is onder meer die skrywer van die gewilde Maasdorp-reeks en Keurboslaan-reeks, laasgenoemde onder die skuinaam Theunis Krogh. Sy publiseer ook as Stella Owen, Annelise Bierman en Dien Grimbeek. Stella Blakemore is op 13 April 1906 in ’n tent in ’n hensoppersnedersetting naby Lindley in die Vrystaat gebore. Haar pa speel op pad om die dokter vir die bevalling te gaan haal gou eers ’n potjie kaart en die dokter daag derhalwe op nadat Stella reeds gebore is. Kort na haar geboorte moet hulle in groot haas ook die tent ontruim wanneer dit aan die brand raak. Haar ma was Emma Krogh, ’n musiekonderwyseres, en haar pa kaptein Percy Blakemore, ’n voormalige offisier in die Britse leër. Haar ouers trou gedurende die Anglo-Boereoorlog, waarna haar ma in groot mate deur haar familie verwerp word. Haar oupa was Theunis Johannes Krogh, ondersekretaris van die Republikeinse administrasie van Binnelandse Sake van president Paul Kruger.
259370
Parasiet (Hangul: 기생충) is 'n swartkomedie rolprent geregisseer deur Bong Joon-ho. Die draaiboek is deur Bong Joon-ho geskryf. Dit het die Palme d'Or gewen by die 2019 Cannes-rolprentfees, die eerste Koreaanse film om die toekenning te ontvang. Die prent het op 9 Februarie 2020 'n toonaangewende vier toekennings verower tydens die 92ste Oscar-toekenningsaand vir beste prent, beste regisseur, beste oorspronklike draaiboek en beste internasionale speelfilm. Dit was die eerste film van Suid-Korea wat die erkenning van die Oscar-toekenning ontvang het, sowel as die eerste film wat nie Engels is nie, wat die beste prent gewen het. Ki-taek en sy werklose gesin het geld nodig. Hulle woon in 'n beknopte en donker ondergrondse woonstel sonder toegang tot Wifi. Sy kinders besluit eendag om 'n diploma te vervals sodat die seun Ki-woo die privaat onderwyser van Da-hye, dogter van die ryk Park-gesin, kan vervang. Wanneer Ki-woo in die wêreld van die ryk gesin beland, misbruik hy sy nuwe posisie om sy gesinslede te help om daar werk te kry.
85403
Pers is 'n verskeidenheid van skakerings van kleur tussen rooi en blou. Die Oxford English Dictionary beskryf dit as 'n diep, ryk kleur tussen bloedrooi en violet. Pers as kleur is deur die Romeinse keisers en landdroste gedra, en later deur die Rooms-Katolieke biskoppe. Sedertdien word pers in die algemeen geassosieer met koninklikes en vroomheid. Die Purple Heart word toegeken aan Amerikaanse soldate wat gewond is of gesneuwel het. Volgens verskeie kleurskemas word pers as volg voorgestel: Die pers blomme van 'n jakarandaboom Pers is die kleur van vroomheid. Monseigneur Eijk, Biskop van Groningen, Nederland Cabernet Sauvignon druiwe in Frankryk. Pruime (Prunus domestica) Fuchsia in die RGB-kleurmodel is pers teen maksimum helderheid. Pers oogskadu is bedoel om aandag na die oë te trek. Lys van kleure Mish, Frederic C., hoofredakteur Webster's Ninth New Collegiate Dictionary Springfield, Massachusetts, V.S.A.:1984--Merriam-Webster p.957 Webster's New World Dictionary of American English (Third College Edition) definieer dit as: 'n Donker kleur wat 'n mengsel van rooi en blou is." Die Random House College Dictionary definieer dit as: "any color intermediate between red and blue."
37075
Exeter is 'n stad in die suidweste van Engeland (in die Verenigde Koninkryk), in die graafskap van Devon. Die stad het 'n bevolking van 122 400 in 2007. Daar is ook 21 plekke in die Verenigde State van Amerika en een in Kanada wat na Exeter genoem is. Die Universiteit van Exeter is ook hier geleë. Daar was 'n Romeinse stad genoem Isca Dumnoniorum in die gebied van huidige Exeter en was die grootste Romeinse stad in die suidweste van Engeland. Later was daar 'n dorp aan die Exerivier genoem Escanceaster, wat nou die huidige Exeter is. Exeter se Sandy Park was een van die gasheerstadions tydens die Rugbywêreldbeker 2015. Exeter is een van die grootste stede in die suidweste van Engeland. In 2007 was 97,5% van sy bevolking Blankes, 1,4% Indiërs, 0,4% Swartes, 0,6% Chinese, en 0,1% ander. Bad Homburg, Duitsland Rennes, Frankryk Terracina, Italië Jaroslavl, Rusland
220704
Jenn Colella (gebore 22 September 1974) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Uncertainty (2008) en in die televisiereekse All My Children (1970), The Good Wife (2009), en Elementary (2012). 2008: Uncertainty 1970: All My Children 2009: The Good Wife 2012: Elementary 2017: Playbill Presents: The Broadway Cast Jenn Colella in die Internet-rolprentdatabasis
39482
Kate Elizabeth Winslet (gebore 5 Oktober 1975) is 'n Engelse aktrise en soms ook sangeres. Sy word geken vir die diverse karakters wat sy oor haar loopbaan vertolk het, maar sy is miskien die meeste bekend vir haar kritiesgeloofde vertolkings as Marianne Dashwood in Sense and Sensibility, Rose DeWitt Bukater in Titanic (1997), Celementine Kruczynski in Eternal Sunshine of the Spotless Mind, Sarah Pierce in Little Children, April Wheeler in Revolutionary Road, en Hanna Schmitz in The Reader (2008). Winslet is al vir ses Academy-toekennings genomineer en het die Academy-toekenning vir Beste Aktrise gewen vir haar rol in The Reader (2008). Sy het toekennings ontvang van die Screen Actors Guild, British Academy of Film and Television Arts, en die Hollywood Foreign Press Association, en is ook vir 'n Emmy-toekenning genomineer. Op die ouderdom van 22 het sy die jongste aktrise geword om twee Oscarnominasies te ontvang; op die ouderdom van 33 het sy die jongste akteur van beide geslagte geword om ses nominasies te ontvang. David Edelstein van die New York Magazine-tydskrif prys haar as "die beste Engelssprekende rolprentaktrise van haar generasie".
262889
Walter Armitage (1907 – 22 Februarie 1953) was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Love Habit (1931), Potiphar's Wife (1931), Footsteps in the Night (1931), en Where Sinners Meet (1934). 1931: The Love Habit 1931: Potiphar's Wife 1931: Footsteps in the Night 1934: Where Sinners Meet Walter Armitage in die Internet-rolprentdatabasis
388701
Op 24 Februarie 2022 het Rusland 'n grootskaalse inval begin in Oekraïne, een van sy buurlande in die suidweste. Volgens vroeë berigte is dit die grootste konvensionele-oorlogvoeringsoperasie in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. Dit is 'n groot toename in die vyandelikheid tussen die twee lande, wat sedert 2014 duur. Die veldtog is voorafgegaan deur 'n langdurige versterking van die Russiese militêre teenwoordigheid sedert vroeg in 2021 en eise deur Rusland dat Oekraïne nie by Navo aansluit nie. In die dae voor die inval het Rusland die selfverklaarde volksrepublieke Donetsk en Loehansk in die streek die Donbas (Oekraïens: Донба́с, Donbas; Russies: Донба́сс, Donbass) van Oos-Oekraïne erken, en dit is gevolg deur die instroming van die Russiese weermag na die streek op 21 Februarie 2022. Op 22 Februarie het die Russiese federale raad president Wladimir Poetin eenparig die reg gegee om militêre mag buite Rusland te gebruik. Op 24 Februarie omstreeks 03:00 UTC (06:00 Moskoutyd, UTC+3) het Poetin 'n militêre operasie in Oos-Oekraïne aangekondig. Minute later het missiele begin val op plekke dwarsoor die land, insluitende Oekraïne se hoofstad, Kijif.
29416
Die Republiek van Sacha (Jakoetië) (Russies: Республика Саха (Якутия); Jakoeties: Саха Өрөспүүбүлүкэтэ) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Die transliterasie van die republiek se Russiese naam is Respoeblika Sacha (Jakoetija) en van die Jakoetiese naam Sacha Respoeblikata. Dit beslaan die helfte van Asiatiese Rusland en is die grootste nasionale subdivisie in die wêreld. Grense: Land: Outonome okroeg Tsjoekotka (O), Magadan-oblast (O/SO), Chabarofsk-krai (SO), Amoer-oblast (S), Krai Zabaikalski (S), Irkoetsk-oblast (S/SW), Krasnojarsk-krai (W). Water: Noordelike Yssee (insluitende Laptef-see en Oos-Siberiese See) (N). Sacha strek tot by die Henriëtta-eiland in die verre noorde in word begrens deur die Laptef-see en Oos-Siberiese See van die Noordelike Yssee. Dié waters, die koudste van al die seë in die Noordelike Halfrond, is nege tot tien maande van die jaar met ys bedek. Die Nieu-Siberiese Eilande is deel van die republiek se grondgebied.
45529
Banja Luka (Serwies: Бања Лука) is die tweede grootste stad in Bosnië en Herzegowina, met 'n bevolking van 238 353, ná die hoofstad Sarajevo. Dit is die hoofstad en grootse nedersetting in die deelstaat Republika Srpska. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Banja Luka. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
256734
Jimmy Carr (gebore 15 September 1972) is 'n Engelse komediant, skrywer en akteur.
251368
Anne-Marie Duff (gebore 8 Oktober 1970) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Nowhere Boy (2009) en Suffragette (2015), en in die televisiereeks Shameless (2004). 2002: The Magdalene Sisters 2007: Garage 2007: The Waiting Room 2008: Is Anybody There? 2009: Nowhere Boy 2012: Sanctuary 2014: Before I Go to Sleep 2015: Suffragette 2018: National Theatre Live: Macbeth 2002: Wild West 2004: Shameless 2007: The History of Mr Polly 2007: The British Academy Television Awards 2009: Margot 2016: Miranda's Letter 2016: Inside Suffragette Anne-Marie Duff in die Internet-rolprentdatabasis
23588
Windenergie is 'n vorm van kinetiese energie in die wind. Die tekort aan brandstof mag in die toekoms nuwe belangstelling wek vir die kommersiële gebruik van seilskepe, maar die ware belang van windenergie lê in die ontwikkeling van stilstaande masjinerie om dit in elektrisiteit om te sit. Die meganiese apparate om energie van die wind te verkry, word windmeulens genoem, alhoewel die anglisistiese term aerogenerator ook soms gebruik word. Die instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet, word 'n anemometer genoem. Windmeulens is waarskynlik vir die eerste maal in die 7de eeu n.C. in Persië (hedendaagse Iran) gebruik om graan te maal of water te pomp. Sedert die 13de eeu het dit kenmerkend van die Europese landskap geword. Daar word dikwels aan Nederland gedink as die land met die windmeulens, en tereg ook, aangesien daar teen die einde van die 18de eeu omtrent 20 000 windmeulens in Nederland in gebruik was. Die meeste hiervan is gebruik om water uit die laagliggende gebiede te pomp, om sodoende waardevolle grond van die see te herwin.
71865
Willem Johannes Leyds (Magelang, Nederlands-Indië, 1 Mei 1859 – Den Haag, Nederland, 14 Mei 1940) was 'n Nederlandse prokureur en staatsman, wat 'n loopbaan as prokureur (1884–1889) en Staatsekretaris (1889–1898) in die Zuid-Afrikaansche Republiek gevolg het. Van 1899 tot 1902, tydens die kritieke periode van die Tweede Vryheidsoorlog, was hy 'n spesiale gesant van die Republiek en Volgemagtigde Minister in Brussel, geakkrediteer by verskillende Europese lande. Die plek Leydsdorp in Transvaal, in die huidige Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo, is na hom genoem. Martin Bossenbroek: Die Boereoorlog. Vertaal deur Anne-Marie Mischke. Auckland Park, Suid-Afrika, Jacana Media, 2014. ISBN 9781431410552
110980
Jalâlat ud-Dîn Raziyâ (Oerdoe/Persies: جلالۃ الدین رضیہ; Delhi, ±1205 - Kaitahl, 13 Oktober 1240) beter bekend onder die naam Razia Sultan was van 1236 tot Mei 1240 die sultan (koningin) van die Sultanaat (Koningryk) van Delhi in Indië. Sy was die eerste vroulike leier van die Sultanaat van Dehli sowel as die eerste vroulike heerser van Indië. Razia al-Din is in 1206 in Budaun, Indië gebore. Sy was die dogter van Delhi se sultan Shams-ud-din Iltutmish en sultana Qutub Begum. Razia se vader, Iltutmish was die eerste sultan wat 'n vrou as sy opvolger benoem het, maar die Turks-Persiese elite van Delhi het nie Iltutmish se besluit aanvaar nie. Delhi se keiserlike hof het Razia se broer, Rukn-ud-din Firuz as die opvolger van Iltutmish aangestel. Firuz het die sy keiserlike verantwoordelikhede geïgnoreer en daarom het sy moeder, Sjah Turkaan die keiserlike sake van Delhi behandel. Op 9 November 1236 is 'n sluipmoordaanslag op Firuz en sy moeder uitgevoer, na ses maande aan bewind is die twee deur sluipmoordenaars doodgemaak.
63194
Die Falklandoorlog (Engels: Falklands War, Falklands Conflict of Falklands Crisis; Spaans: Guerra de las Malvinas of Guerra del Atlántico Sur) het in 1982 tussen Argentinië en die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Die oorlog het na aanleiding van 'n dispuut tussen dié twee lande oor die Falkland-eilande en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande ontstaan. Die oorlog begin op 2 April 1982 toe Argentynse magte die Falkland-eilande binnegeval en beset het en eindig met die oorgawe van die Argentynse magte op 14 Junie 1982. Die Falklandeilande is in 1592 deur die Engelsman John Davis ontdek. Hy het die Falklandargipel vernoem na die destydse tesourier van die vloot. Die Fransman Louis-Antoine de Bougainville, uit Saint-Malo, het daar in 1763 voet aan wal gesit en die eilandgroep die Îles Malouines genoem. In 1765 stig die Britte 'n kolonie daar. Argentinië het in 1831 die Falklandeilande geëis, maar in 1833 het die Britte hul soewereiniteit herbevestig. Die eilande het steeds onder Britse gestaan, maar Argentinië het hulle sedertdien opgeëis. Die eilande is ekonomies aantreklik vanweë die ryk visvanggebied in die omliggende waters en die moontlikheid dat daar ander hulpbronne (insluitende olie) teenwoordig is.
260410
Evangeline Lilly (gebore 3 Augustus 1979) is 'n Kanadese aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Hobbit: The Desolation of Smaug (2013), The Hobbit: The Battle of the Five Armies (2014), Ant-Man (2015), en Ant-Man and the Wasp (2018). 2008: Afterwards 2011: Real Steel 2013: The Hobbit: The Desolation of Smaug 2014: The Hobbit: The Battle of the Five Armies 2015: Ant-Man 2017: Little Evil 2018: Ant-Man and the Wasp 1997: Judgment Day 2004: Lost 2009: Lost: On Location 2010: Lost: The Final Journey 2014: Middle-earth: There and Back Again 2005: Designing a Disaster 2005: The Genesis of 'Lost' 2005: Lost: On Location 2012: Real Steel: Building the Bots 2015: Making of an Ant-Sized Heist: A How-To Guide Evangeline Lilly in die Internet-rolprentdatabasis Evangeline Lilly op Twitter Evangeline Lilly op Instagram
228598
Keala Settle (gebore 5 November 1975) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Ricki and the Flash (2015), The Greatest Showman (2017), Hall American: Forbidden (2018), en American Reject. 2015: Ricki and the Flash 2017: The Greatest Showman 2018: Hall American: Forbidden 2019: John Pinette: I Go Now American Reject 2018: Walmart: The Box Keala Settle in die Internet-rolprentdatabasis
262920
Tarina Patel is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Maze (2007), Dhol (2007), Karzzzz (2008), en Chase (2010). 2007: The Maze 2007: Dhol 2008: Karzzzz 2010: Chase 2015: E! News Africa Specials Tarina Patel in die Internet-rolprentdatabasis
455
Die jaar 1982 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 23 Januarie – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas. 18 Februarie – Die SAS President Kruger sink nadat dit met die SAS Tafelberg bots met verlies van 16 seemanne. 20 Maart – Tydens 'n vergadering van tussen 7 000 en 8 000 mense in Pretoria word Suid-Afrika se Konserwatiewe Party in die lewe geroep. 2 April – Argentinië val die Britse Falkland-eilande aan. 23 April – Die ZX Spectrum 8-bis persoonlike rekenaar word vrygestel deur Sinclair Research Ltd. 25 April – Israel voltooi onttrekking uit Sinai volgens die Camp David-akkoord. 2 Mei – Die HMS Conqueror sink die Argentynse skip ARA General Belgrano gedurende die Falkland-oorlog. 30 Mei – Spanje betree die NAVO. 6 Junie – Israel val Libanon binne. 13 Junie-11 Julie – Die twaalfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Spanje gespeel, wat deur Italië gewen word. 14 Junie – Einde van die Falklandoorlog.
121990
Hier volg 'n (onvolledige) lys met werke van die Nederlandse kunsskilder Rembrandt van Rijn. Nieuwe Rembrandt ontdekt, nos.nl, 9 Maart 2016
207309
Dee Bradley Baker (gebore 31 Augustus 1962) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The SpongeBob SquarePants Movie (2004) en Star Wars: The Clone Wars (2008), en in die televisiereekse American Dad! (2005) en Phineas and Ferb (2007). 2002: Dan Danger 2004: The SpongeBob SquarePants Movie 2005: The Toy Warrior 2008: Star Wars: The Clone Wars 2013: Con Artists 2014: Cosplayer Nation 2014: VeggieTales: Veggies in Space 2016: Snezhnaya koroleva 3.
385401
Die Forum vir Demokrasie (Nederlands: Forum voor Democratie, FVD) is 'n Nederlandse radikaal-regse, populistiese politieke party wat deur Thierry Baudet gelei word. Die FVD is in 2015 gestig deur Thierry Baudet as konserwatiewe dinktenk en het 'n aktiewe rol gespeel tydens die volksraadpleging oor die venootskapooreenkoms tussen die Europese Unie en die Oekraïne. In 2016 het die FVD 'n politieke party geword. By die verkiesing van die Tweede Kamer in 2017 het dit twee setels verower. Aanvanklik was die FVD as 'n gematigde alternatief vir Geert Wilders se Party vir die Vryheid beskou. Tydens die provinsiale verkiesings in 2019 het die FVD die grootste party geword, wat in twaalf setels in die Eerste Kamer behaal. Sedertdien het die party geradikaliseer en het die party en sy leier Thierry Baudet gereeld baie kritiek gekry weens rassistiese, antisemitiese en homofobiese opmerkings. Dit het tot verskeie afsplitsings gelei: GO (Groep Otten) in 2019, JA21 in 2020, BvNL in 2021. Tydens die verkiesingsveldtog van 2021 het die FVD die party voorgehou as 'n koronaskeptiese party. Die party het agt setels in die verkiesing in 2021 gewen, waarvan tans slegs vyf oor is.
35110
Rottnest-eiland is sowat 18 km vanaf die kus van Wes-Australië naby Fremantle geleë. Dit word Wadjemup genoem deur die Noongar-stam, wat "plek oor die water" beteken. Die eiland is 11 kilometer lank en 4,5 kilometer op sy breedste punt met 'n totale oppervlakte van 19 km2. Dit word as 'n Klas A natuurreservaat geklassifiseer en word deur die Rottnest-eiland owerheid bestuur. Geen private grondbesit op die eiland word toegelaat nie. In Wes-Australië word daar dikwels in die omgangstaal na die eiland as "Rotto" of "Rottnest" verwys. Die eiland is vir meer as 50 jaar lank reeds 'n gewilde vakansiebestemming. Rottnest-eiland is deur Australiese inboorlinge vir sowat 30 000 jaar gelede al bewoon totdat die stygende seevlakke ongeveer 7 000 jaar gelede die eiland van die kontinent afgesny het. Die eiland vorm deel van die Noongar-stam se mitologie as Wadjemup. Prehistoriese artikels van tussen 6 500 tot 30 000 jaar gelede wat deur die inboorlinge gemaak is, is hier gevind. Daar was geen inwoners op die eiland toe Europese ontdekkingsreise in die 17de eeu daar aangeland het nie en die Australiese inboorlinge het nie bote gehad wat die see kon oorsteek nie, dus word daar vermoed dat die eiland vir duisende jare lank onbewoon was.
108125
Ivan Vladislavić (* 1957 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van Kroaties-Ierse afkoms. Naas sy dokumentêre skryfwerk oor Johannesburg, kuns en argitektuur het Vladislavić bekendheid verwerf met romans soos The Folly, The Restless Supermarket en The Exploded View, verhaalbundels soos 101 Detectives en Flashback Hotel en TJ/Double Negative, 'n fotografie-werk wat in samewerking met die fotograaf David Goldblatt ontstaan het. Ivan Vladislavić is getroud en woon met sy gesin in die Johannesburgse voorstad Kensington. Ivan Vladislavić is in 1957 in Pretoria gebore en in 'n veeltalige omgewing grootgemaak. Sy grootouers aan vaderskant het hulle as Kroatiese immigrante in Suid-Afrika gevestig waar sy pa gebore is. Sy ma is van Iers-Engels-Duitse afkoms. Vladislavić het Afrikaanse en Engelse letterkunde aan die Johannesburgse Witwatersrand-universiteit gestudeer en woon sedert die vroeë 1970's in die Goudstad. Gedurende die 1980's was hy as lektor vir die opposisionele uitgewery Ravan Press werksaam. Hy was een van die redakteurs van die literêre tydskrif Staffrider en het saam met Andries Oliphant die antologie Ten years of Staffrider gepubliseer. Sedert 1989 is Vladislavić as vryskut-lektor en skrywer werksaam.
241883
Vivian Blaine (21 November 1921 – 9 Desember 1995) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Jitterbugs (1943), Doll Face (1945), State Fair (1945), en Guys and Dolls (1955). 1942: Thru Different Eyes 1943: Jitterbugs 1943: He Hired the Boss 1944: Greenwich Village 1944: Something for the Boys 1945: Doll Face 1945: State Fair 1945: Nob Hill 1946: If I'm Lucky 1946: Three Little Girls in Blue 1952: Skirts Ahoy! 1955: Guys and Dolls 1957: Public Pigeon No. 1 1972: Richard 1983: I'm Going to Be Famous 1988: Going Hollywood: The War Years 1951: Those Two 1954: The Jimmy Durante Show 1954: Center Stage 1958: The Patti Page Oldsmobile Show 1955: Dream Girl 1978: Katie: Portrait of a Centerfold 2006: Guys and Dolls: From Stage to Screen Vivian Blaine in die Internet-rolprentdatabasis
99210
Eugene Gladstone O'Neill (* 16 Oktober 1888 – † 27 November 1953) was 'n Amerikaanse dramaturg en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1936. O'Neill is ook die enigste dramaturg tot op hede wat die Pulitzerprys vir Drama vierkeer kon wen. Sy toneelstukke was onder die eerstes wat Amerikaanse gehore laat kennis maak het die realisme wat reeds vroeër geïnisieer is deur buitelandse dramaturge soos Anton Tsjechof, Henrik Ibsen en August Strindberg. Sy vernaamste toneelstukke sluit in Mourning Becomes Electra (1931), Ah, Wilderness! (1933), The Iceman Cometh (1939) en Long Day's Journey Into Night (1941). Eugene O'Neill (1888-1953) word as een van die belangrikste Amerikaanse dramaturge uit die eerste helfte van die 20e eeu beskou. Die strominge uit die periode 1915- 1930, naamlik die naturalisme, die simbolisme en die ekspressionisme, het almal in sy werk neerslag gevind. O'Neill het graag geëksperimenteer en dikwels in sy toneelstukke van maskers gebruik gemaak. Hy het ook dramatiese vorme soos terloopse opmerkings (tersydes) en monoloë, wat in sy tyd as verouderd beskou is, gebruik.
96787
Die Toyota Hilux is 'n reeks kompakte bakkies wat deur die Japannese vervaardiger Toyota geproduseer en bemark word. Die meeste lande gebruik die Hiluxnaam vir die hele leeftyd van die reeks, maar in Noord-Amerika, was die Hilux naam in 1976 gestaak ten gunste van Truck, Pickup Truck, of Compact Truck. In Noord-Amerika was die gewilde opsiepakket, die SR5 (Sport Rally 5-gang), as modelnaam gebruik vir die bakkie, selfs al was die opsiepakket ook gebruik op ander Toyota-modelle soos die Corolla. In 1984 is die Trekker, die kampeerderweergawe van die Hilux, herdoop na die 4Runner in Australië en Noord-Amerika, en as die Hilux Surf in Japan. In 1995 het Toyota 'n nuwe bakkiemodel, die Tacoma, in Noord-Amerika vrygestel na die staking van die Hilux bakkie daar. Die 4Runner is nou 'n volle SNV, en die meer onlangse modelle lyk nie meer soos die Tacoma nie. Teen 2015 was die Toyota Hilux wêreldwyd beskikbaar, behalwe vir Japan, die Verenigde State, Kanada, Noord- en Suid-Korea. Hierdie artikel is ’n saadjie.
232520
Bud Abbott (2 Oktober 1897 – 24 April 1974) was 'n Amerikaanse akteur.
47432
Die jaar 2022 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit is die 22ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae. 1 Januarie – Frankryk neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Slowenië oor. 10 Januarie – Die Nederlandse Rutte IV-kabinet tree aan. 4 Februarie – Die Olimpiese Winterspele 2022 begin in Beijing, Volksrepubliek China. 20 Februarie – Afsluiting van die Olimpiese Winterspele 2022. 21 Februarie – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken die wet, waardeur die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk en Volksrepubliek Loehansk as onafhanklike republieke erken word. 24 Februarie – Rusland begin 'n grootskaalse inval in Oekraïne. 4 Maart–13 Maart – Die Paralimpiese Winterspele 2022 word aangebied. 26 Mei – Hemelvaartsdag. 1 Julie – Tsjeggië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Frankryk oor. 24 Augustus – 250ste geboorteherdenking van Willem I, soewereine vors en later die eerste koning van die Nederlande. 7 September – 200-jarige herdenking van Brasilië se onafhanklikheid. 16 Oktober–13 November – Die 8ste T20I-krieketwêreldbeker word in Australië aangebied.
129911
Ezrom Legae (1938–1999) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en tekenaar. Hy is in 1938 in Vrededorp, Johannesburg, gebore. Hy het sy skoolopleiding eers aan die St. Cyprian-skool en daarna aan die Madibane-hoërskool ontvang, maar sy kunsopleiding aan later die Polly Street Kunssentrum onder die leiding van Cecil Skotnes, en sy assistent, Sydney Kumalo. Legae het as kind reeds talent in die kunste getoon en op skool was hy 'n geesdriftige tekenaar. Ná sy skoolopleiding het hy verskeie betrekkings beklee wat nie met die kuns verband gehou het nie. In dié stadium het sy ouer broer, Abner, egter by Skotnes kunsles geneem en Ezrom het hom by sy broer aangesluit. Tot in 1964, toe Legae Kumalo opgevolg het, het hy hoofsaaklik waterverfskilderye en sketse gemaak. Met die aanmoediging en tegniese bystand van Skotnes het Legae gou die medium van die beeldhoukuns bemeester. Legae is in 1965 aan Egon Guenther voorgestel, wat onderneem het om as Legae se handelaar op te tree. Dit het Legae aangespoor om sy tegniek verder te ontwikkel en meer werke te maak.
93903
Elias Xitavhudzi was ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat 16 mans en vroue in die 1950's in Atteridgeville, Suid-Afrika, vermoor het. Hy het net wit Suid-Afrikaners aangeval en sy moordveldtog het ’n sensasie gewek in die jare onder apartheid. Voor sy inhegtenisneming het hy die bynaam Pangaman gekry omdat dit die wapen is waarmee hy sy slagoffers vermoor het. Ná sy skuldigbevinding is hy die doodstraf opgelê. Hy is op 14 November 1960 gehang. Xitavhudzi was die tweede in ’n reeks van minstens ’n halfdosyn reeksmoordenaars in die township Atteridgeville. Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Newton, Michael (2006). The Encyclopedia of Serial Killers. Infobase. pp. 207, 246. ISBN 9780816069873.
264950
Sci-Hub is 'n webwerf wat gratis toegang tot miljoene navorsingsartikels en boeke bied deur amptelike bronne te weerspieël, wat dikwels die uitgewers se betaalmure op verskillende maniere omseil. Sci-Hub bied baie van die navorsingsartikels deur kopieregregulasies te ignoreer. Alexandra Elbakyan het Sci-Hub in 2011 gestig as 'n reaksie op die hoë koste van navorsingsartikels agter betaalmure. Die webwerf word wyd gebruik deur mense van beide ontwikkelde en ontwikkelende lande, en het vanaf Februarie 2016 meer as 200 000 versoeke per dag bedien. Sci-Hub en Elbakyan is twee keer (in 2015 en 2017) in die Verenigde State vir kopieregskending gedagvaar. Hulle het albei sake verloor, wat veroorsaak dat sommige van hul internetdomeinname verloor is. Die webwerf het sedertdien gewissel tussen verskillende domeinname. Sci-Hub is geprys deur sommige in die wetenskaplike, akademiese en uitgewersgemeenskappe vir toegang tot kennis wat deur die wetenskaplike gemeenskap gegenereer word. Ander het dit gekritiseer omdat dit kopiereg skend, wat die ekonomiese lewensvatbaarheid van uitgewers bedreig, die universiteit se netwerkbeveiliging in gevaar stel, en die regmatige toegang tot vraestelle deur universiteitspersoneel in gevaar stel. Vrye toegang Library Genesis "sci-hub.org".
286643
Hermann Hoth (12 April 1885 - 25 Januarie 1971) was 'n Duitse leërbevelvoerder en oorlogsmisdadiger tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het geveg in die Slag van Frankryk en as pantserkommandant aan die Oostelike Front. Hoth was in bevel van die 3de Pantser-groep tydens Operasie Barbarossa in 1941 asook die 4de Pantser-leër tydens die Wehrmacht se somer-offensief in 1942. Nadat die 6de leër tydens die Slag van Stalingrad in November 1942 omring is het die pantserleër van Hoth sonder sukses probeer om dit tydens Operasie Winterstorm te ontset. Na Stalingrad was Hoth betrokke in die Derde Slag van Kharkov, die Slag van Kursk in die somer van 1943, en die Slag van Kiëf. Hoth het die kriminele kommissarisorde tydens die inval in die Sowjetunie geïmplementeer. Na die oorlog is Hoth skuldig bevind aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die verhoor van die Hoë-kommando en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in 1954 op parool vrygelaat. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hermann Hoth. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
85429
Maroen is 'n donker bruinrooi kleur wat sy naam kry van die Franse woord marron, of kastaiingbruin van die Engelse "chestnut". Dit is ook sinoniem met die Italiaanse woord marrone en die Middeleeuse Grieks maraon. Die Oxford English Dictionary beskryf dit as 'n "bruinrooi of klaret kleur" Vir die RGB-model wat vir kleure op rekenaarskerms en televisiemonitors gebruik word, kan maroen geskep word deur die helderheid van rooi met sowat die helfte te verminder. Volgens verskeie kleurskemas word maroen as volg voorgestel: Lys van kleure Tweetalige Woordeboek. Bosman, van der Merwe & Hiemstra, 1964 "Maroon". Princeton WordNet.[dooie skakel] Shorter Oxford English Dictionary, 5de uitgawe (1973).
385750
Interslawies (medžuslovjansky jezyk, меджусловјанскы језык [mɛd͡ʑusɫɔ'vjanskɪ 'jæzɪk]) is 'n kunsmatige taal wat ontwerp is om kommunikasie met en tussen verteenwoordigers van verskillende Slawiese volke te vergemaklik. Die grondgedagte is dat die Slawiese tale so eenders is dat dit op grond van gemeenskaplike eienskappe moontlik moet wees om 'n taal te skep wat deur alle Slawiërs sonder voorafgaande studie verstaan kan word. Grammatika sowel as woordeskat is gebaseer op die hierdie ooreenkomste. Gevolglik het Interslawies drie geslagte en 'n volledige verbuiging en vervoeging, in teenstelling met hoogs vereenvoudigde internasionale hulptale soos Esperanto en Interlingua. Interslawies word geskryf met sowel die Latynse as die Cyrilliese alfabet. Die taal word hoofsaaklik in internetverkeer gebruik, maar bevat ook 'n aantal elektroniese en gedrukte publikasies. Boonop vind internasionale konferensies sedert 2017 plaas. In teenstelling met baie soortgelyke projekte het Interslawies nie 'n sambreelorganisasie nie, maar kan die ongeveer 15 000 gebruikers en belangstellendes hoofsaaklik op sosiale media gevind word. Besluite oor leerhulpbronne, grammatika en woordeskat word deur 'n komitee van vyf lede geneem. Deur die eeue heen is baie pogings aangewend om 'n gemeenskaplike literêre taal vir Slawiërs te skep.
100122
Die Peugeot 607 is 'n uitvoerende motor wat deur die Franse motorvervaardiger Peugeot vervaardig is vanaf September 1999 tot Junie 2010. Die 607, asook die kleiner 407, is vroeg in 2011 vervang deur die 508. Die 607 is in Oktober 1999 bekendgestel, toe die 605 reeds gestaak was. Dit gebruik sy voorganger se onderstel, maar het 'n heel nuwe, meer moderne buite-ontwerp. Die enjinreeks (2.2 en 3.0 L petrol, en 2.2 L diesel) was heeltemal nuut. Toerustingvlakke is ook hoog, met al die modelle wat beskik oor lugversorging, CD-speler, elektriese vensters, 8 lugsakke, sluitwerende remstelsel, banddrukmonitor en sentrale sluiting as standaard. "Technical specifications". carfolio.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 April 2008.
237915
Canada Lee (3 Maart 1907 – 9 Mei 1952) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Lifeboat (1944), Body and Soul (1947), Lost Boundaries (1949), en Cry, the Beloved Country (1951). 1944: Lifeboat 1947: Body and Soul 1947: The Roosevelt Story 1949: Lost Boundaries 1951: Cry, the Beloved Country Canada Lee in die Internet-rolprentdatabasis
140155
Paul Mashatile is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.
228645
Madisyn Shipman (gebore 20 November 2002) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Peanuts Movie (2015) en Ordinary World (2016), en in die televisiereekse Henry Danger (2014) en Game Shakers (2015). 2015: The Peanuts Movie 2016: Ordinary World 2008: Piper's Picks TV 2011: Alexis Joy VIP Access 2014: Henry Danger 2015: Game Shakers 2017: The After Party 2015: Nickelodeon's Ultimate Halloween Costume Party Madisyn Shipman in die Internet-rolprentdatabasis Madisyn Shipman op Twitter Madisyn Shipman op Instagram
251249
June Brown (gebore 16 Februarie 1927) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Sitting Target (1972) en Misunderstood (1984), en in die televisiereekse The Prince and the Pauper (1976) en EastEnders (1985). 1972: Sitting Target 1973: Existence 1984: Misunderstood 1973: Oranges & Lemons 1976: The Prince and the Pauper 1980: God's Wonderful Railway 1983: Just Another Day 1985: EastEnders 1985: Relative Strangers 1994: Pirates 1997: The Lily Savage Show 1998: Verdict 1998: Winton's Wonderland 2003: The Christmas Show 2009: Piers Morgan's Life Stories 2009: Fern Britton Meets... 2010: EastEnders: The Greatest Cliffhangers 2015: London Calling 2018: 100 Years Younger in 21 Days 1957: The Case of the Frightened Lady 1959: The Rough and Ready Lot 1981: Rules of Justice 1999: Tobacco Wars 2001: EastEnders: It's Your Party! 2001: Wendy Richard: A Life on the Box 2003: Margery and Gladys 2003: EastEnders: Dot's Story 2004: EastEnders: Christmas Party 2005: A-Z of Eastenders 2012: June Brown: Respect Your Elders 2016: Sport Relief 2016: Eastenders - Stacey's Storyline Appeal 2016: Bobby Beale: The Story So Far 2017: The Barbara Windsor Story 2000: Eastenders: 15 Years of EastEnders 2017: Love is the Only Law June Brown in die Internet-rolprentdatabasis
242357
Dolores del Río (3 Augustus 1904 – 11 April 1983) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Trail of '98 (1928), Flying Down to Rio (1933), In Caliente (1935), en The Abandoned (1945). 1926: High Steppers 1926: Pals First 1926: What Price Glory 1927: The Loves of Carmen 1927: Resurrection 1928: The Trail of '98 1928: The Gateway of the Moon 1928: No Other Woman 1928: Ramona 1928: The Red Dance 1928: Revenge 1928: Die Filmstadt Hollywood 1929: Evangeline 1930: The Bad One 1930: The Sculptor's Dream 1932: Bird of Paradise 1932: Girl of the Rio 1933: Flying Down to Rio 1934: Madame Du Barry 1934: Wonder Bar 1935: In Caliente 1935: I Live for Love 1935: The Widow from Monte Carlo 1936: Accused 1937: Devil's Playground 1937: Lancer Spy 1938: International Settlement 1940: The Man from Dakota 1943: Journey Into Fear 1943: Flor silvestre 1944: María Candelaria (Xochimilco) 1945: The Abandoned 1945: Bugambilia 1945: La selva de fuego 1946: The Other One 1947: The Fugitive 1948: The Story of a Bad Woman 1949: La malquerida 1950: The Love Nest 1951: Deseada 1951: Doña Perfecta 1953: El niño y la niebla 1955: Señora ama 1958: ¿Adónde van nuestros hijos? 1959: The Soldiers of Pancho Villa 1960: Flaming Star 1962: A Mother's Sin 1966: The Lady of the Dawn 1966: House of Women 1967: Rio Blanco 1976: Salsa 1978: The Children of Sanchez 2002: The Bronze Screen: 100 Years of the Latino Image in American Cinema 2007: Un retrato de Diego 1960: The Chevy Show 1965: The Man Who Bought Paradise 2003: Dolores del Rio, la diva mexicana de Hollywood this (see 1919 travel manifest at Ancestry.com (abonnement vereis)) gives her age as 15; accessed 19 July 2016.
232358
Olivia Wilde (gebore 10 Maart 1984) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en regisseuse. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente TRON: Legacy (2010), The Words (2012), The Incredible Burt Wonderstone (2013), en The Lazarus Effect (2015). 2006: Bickford Shmeckler's Cool Ideas 2006: Turistas 2007: Bobby Z 2008: Fix 2009: Year One 2010: TRON: Legacy 2011: Cowboys & Aliens 2011: On the Inside 2011: Butter 2011: The Change-Up 2011: In Time 2012: The Words 2012: Deadfall 2012: People Like Us 2013: The Incredible Burt Wonderstone 2013: Rush 2013: Drinking Buddies 2013: Third Person 2014: Better Living Through Chemistry 2014: The Longest Week 2015: The Lazarus Effect 2015: Black Dog, Red Dog 2015: Meadowland 2018: Life Itself 2018: A Vigilante 2019: Booksmart The New World 2004: House 2007: The Black Donnellys 2007: Reel Junkie 2009: ES.TV HD 2011: Billy on the Street with Billy Eichner 2013: Doll & Em 2014: Annoying Orange: Movie Fruitacular 2005: In Time: The Minutes 2007: It's Not a Movie, It's Real Life: The Making of 'Turistas' 2007: Out of Breath: Underwater Productions 2008: Olivia Wilde and Tao Ruspoli at the 2008 Vail Film Festival 2010: Weird: The Al Yankovic Story 2011: Igniting the Sky: The Making of Cowboys & Aliens 2011: Conversations with Jon Favreau 2011: Installing the Cast of 'TRON: Legacy' 2013: Bono, Richard Branson, and Olivia Wilde Join Matt Damon's Strike 2016: Red Hot Chili Peppers: Dark Necessities 2016: Edward Sharpe and the Magnetic Zeros: No Love Like Yours 2018: Drake: Nice for What Olivia Wilde in die Internet-rolprentdatabasis Olivia Wilde op Twitter Olivia Wilde op Facebook Olivia Wilde op Instagram
387537
The Bad Guys is 'n rekenaargeanimeerde familie-/buddy-rolprent van 2022 wat deur Pierre Perifel geregisseer is. Die stemme van Sam Rockwell, Marc Maron, Craig Robinson, Anthony Ramos kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Damon Ross en Rebecca Huntley vervaardig en deur die verspreidingsfirma Universal Pictures versprei. Die draaiboek is deur Etan Cohen en Hilary Winston geskryf met musiek van Daniel Pemberton. Sam Rockwell as Mr. Wolf, die Wolf Marc Maron as Mr. Snake, die Slang Craig Robinson as Mr. Shark, die Haaie Anthony Ramos as Mr. Piranha Awkwafina as Ms. Tarantula Richard Ayoade as Professor Marmalade, die Proefkonyn Zazie Beetz as Diane Foxington Lilly Singh as Tiffany Fluffit Alex Borstein as Chief Mary Rehsals Die film word vrygestel in teaters in Australië op 31 Maart 2022 en het ook in Verenigde State in 22 April 2022. @DANIELPEMBERTON (Junie 22, 2021). "The news is now out there so this is probably a good time as any to say I've been working away for quite a while on a super fun big new animation feature from ⁦@Dreamworks and ⁦@UniversalPics:- "THE BAD GUYS" -" (Tweet) – via Twitter.
533
Die jaar 1917 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 17de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Die eerste uitgawe van die AWS word uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 21 Februarie – Eerste Wêreldoorlog: Die troepeskip SS Mendi sink met 'n verlies van 805 Suid-Afrikaanse soldate. 15 Maart – Nikolaas II verklaar sy abdikasie van die Russiese troon. 6 April – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde State van Amerika betree die oorlog teen die Duitse Keiserryk. 20 April – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word titulêr aartsbiskop van Sardes en nuntius in Duitsland. 13 Mei – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word as biskop in gewy. 4 Junie – Die eerste Pulitzerprys word toegeken. 27 Junie – Griekeland verklaar oorlog teen die Spilmoondhede. 2 Augustus – 'n Sopwith Pup word die eerste vliegtuig om op 'n skip te land en op te styg.
209026
Doug Hutchison (gebore 26 Mei 1960) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Green Mile (1999), I Am Sam (2001), The Salton Sea (2002), en Punisher: War Zone (2008). 1988: The Chocolate War 1999: The Green Mile 2000: Bait 2001: I Am Sam 2002: The Salton Sea 2002: No Good Deed 2007: Interview-Director Keith Gordon Discusses 'The Chocolate War' 2008: Punisher: War Zone 2008: So You Want Michael Madsen? 2019: The Bend Bogie and Bacall Bounty Hunter The Talking Tree 2011: Father Albert 2012: Couples Therapy 2009: Lost: Destiny Calls 2002: Embracing the Chaos: A Conversation with the Cast of 'The Salton Sea' Doug Hutchison in die Internet-rolprentdatabasis
23659
William "Bill" Flynn (13 Desember 1948 – 11 Julie 2007) was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy het in meer as 140 toneelstukke, musiekblyspele, 42 films en talle TV-programme en honderde radio- en TV-advertensies gespeel. Hy was ook die hoofsanger van Vinnie and The Viscounts en later The Rock Rebels. Bill Flynn het in 1966 by die Plumstead High School in Kaapstad gematrikuleer waarna hy by die Universiteit van Kaapstad drama gestudeer het. Flynn was met die aktrise Jana Cilliers getroud. Flynn is op 58 jarige ouderdom in sy slaap oorlede, vermoedelik aan 'n hartaanval. Ten tye van sy afsterwe het Flynn in A Funny Thing Happened on the Way to the Forum by Johannesburg se Civic Theatre gespeel. House of the Living Dead, 1973 Hello and Goodbye, 1979 Wat Jy Saai, 1979 Kill and Kill Again, 1981 City Lovers, 1982 Prisoners of the Lost Universe, 1983 Funny People II, 1983 Magic Is Alive, My Friend, 1985 Senor Smith, 1986 Saturday Night at the Palace, 1987 Kwagga Strikes Back, 1990 Die Prince van Pretoria, 1993 Kalahari Harry, 1994 Guns of Honor, 1994 Marie s'en va t-en guerre, 1994 Treasure at Elephant Ridge, 1995 Human Timebomb, 1996 Heel Against the Head, 1999 The Carruthers Brothers, 2000 Oh Schuks...
51901
Inflasie (afgelei van Latyn inflatio vir "aanswel", "deining") is die styging in die algemene prysvlakke van goedere en dienste in 'n ekonomie oor 'n gegewe tydperk. Die teenoorgestelde van inflasie is deflasie, waar die algemene vlak van pryse daal. Die oorspronklike berekening van inflasie was die aantal geld wat in vloei is hoe dit vermeerder of verminder het oor n spesifieke tydperk. Die reserwebank gebruik inflasieteikening om geld vloei voorraad te druk. As gevolg van inflasie is meer geld nodig om vir goedere (soos 'n brood) en dienste (soos 'n haarsny of 'n buskaartjie) te betaal. Ekonome meet gereeld die inflasie van 'n ekonomie om die toestand daarvan te bepaal. 'n Mandjie van goedere word gewoonlik saamgestel en gereeld geprys om die koers te bepaal. "Inflation rate (consumer prices)". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 22 Julie 2019. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Inflasie. (en) "Inflation". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Julie 2019. Hierdie artikel is ’n saadjie.
22198
John Milton (9 Desember 1608 - 8 November 1674) was 'n Engelse skrywer, digter en staatsamptenaar vir die Gemenebes van Engeland se Staatsraad en later onder Oliver Cromwell. Hy het geskryf tydens 'n godsdienstige en politieke omwenteling, en is veral bekend vir sy epiese gedig Paradise Lost (1667). Sy ondersteuning van republikanisme in 'n era van absolute monargieë was beide ongewild en gevaarlik. Milton was een van die belangrikste Engelse digters en het naas Engelse ook Latynse en Italiaanse poësie geskryf. Tydens die bewind (ca. 1649- 1658) van Oliver Cromwell het hy pamflette gepubliseer waarin hy die Puriteine (Cromwell se aanhangers) ondersteun het. Sy meesterstuk was die epiese gedig Paradise lost (1667). Ander belangrike werke van Milton was sy sonnette, onder meer On his blindness, die treurdig Lycldas en gedigte soos l'Allegro en II penseroso. John Milton is op 9 Desember 1608 in Londen gebore, uit die huwelik van John Milton en Sara Jeffrey. In 1629 het Milton sy BA-graad verwerf, en vier daardie jaar die vierde plek van 24 honneurs-gegradueerdes aan die Universiteit van Cambridge.