id
stringlengths
1
6
contents
stringlengths
0
3.18k
285465
Roh Tae-woo (Koreaans: 노태우; Hanja: 盧泰愚; Koreaanse uitspraak: [no.tʰɛ̝.u]; gebore 4 Desember 1932 - 26 Oktober 2021) was 'n voormalige Suid-Koreaanse politikus en voormalige generaal van die leër van die Republiek van Korea wat van 1988 tot 1993 as president van Suid-Korea gedien het. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roh Tae-woo.
134879
Philip Kindred Dick (16 Desember 1928 - 2 Maart 1982) was 'n Amerikaanse skrywer van wetenskapsfiksie. Dick het 44 romans in sy leeftyd gepubliseer asook ongeveer 121 kortverhale. Gebore in Chicago, Illinois, het hy na Kalifornië toe verhuis om wetenskapfiksie te skryf in die 1950s. Sy stories het aanvanklik min kommersiële sukses behaal. 'n Verskeidenheid gewilde Hollywood-rolprente gebaseer op Dick se werke is later vervaardig, onder andere Blade Runner (1982), Total Recall (twee keer aangepas: in 1990 en in 2012), Minority Report (2002), A Scanner Darkly (2006), en The Adjustment Bureau (2011). Die roman The Man in the High Castle (1962) is in 'n televisiereeks deur Amazon gemaak, wat in 2015 begin het.
365179
Jonas Kaufmann (gebore 10 Julie 1969) is 'n Duitse operatenoor. Hy is veral bekend vir sy opvoerings in spintorolle soos Don José in Carmen, Cavaradossi in Tosca, Maurizio in Adriana Lecouvreur, en die titelrol in Don Carlos. Hy het ook in Duitsland en in die buiteland leidende tenoorrolle vertolk in die operas van Richard Wagner, waarvan die mees noemenswaardige by die Metropolitan Opera in New York plaasgevind het. Hy is ook 'n bedrewe Lieder sanger. Kaufmann is in München gebore. Sy pa het vir 'n versekeringsmaatskappy gewerk en sy ma was 'n kleuterskoolonderwyser. Hy het een ouer suster gehad. Hy het die klavier begin studeer toe hy agt was en in die koor van sy laerskool gesing. Alhoewel hy vir die toelatingseksamens vir wiskunde studeer het, het hy in die somer van 1989 sy stemopleiding aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste in München begin. Terwyl hy studeer het, het hy 'n paar klein rolle by die Beierse Staatsopera vertolk. Hy gradueer in 1994 aan die universiteit en behaal onderskeidings in beide opera- en konsertuitvoerings.
23593
Geotermiese energie oftewel aardhitte of ondergrondse warmte (nie met geotermiese krag te verwar nie) verwys na die hitte (therme) wat deur die aarde (geo) voortgebring word. Daar word geskat dat planeet Aarde se kern temperature van tot 7 000 °C bereik, en hierdie hitte straal opwaarts deur die aarde se binnekant na die oppervlak. Dit is dieselfde hitte wat die tektoniese beweging van die plate op die mantel voortdryf. Waar twee plate van mekaar af weg beweeg, stoot magma deur die gaping op, en waar twee plate bots, word een gewoonlik gesubdukeer onder die ander een, wat dan lei tot wrywing en verdere hitte (asook die verdere skepping van magma). Hierdie prosesse laat toe dat pluime verskriklik warm binne-aarde-materiaal in aanraking kom met die aarde se oppervlak, en sodoende hitte na die aarde se oppervlak vervoer. Seismiese aktiwiteit is mees algemeen in hierdie plaatgrensareas, so aardbewings en vulkane word meesal hier aangetref. In ander gevalle vorm groot poele magma onder die kors en hulle kan tot 'n miljoen jaar neem om af te koel.
124368
Borsjt (Oekraïens, Russies: борщ, borsjtsj; Russiese uitspraak (hulp·inligting)) is ’n suur sop wat in verskeie Oos-Europese lande gewild is, veral in Oekraïne, Rusland, Pole, Belarus, Litaue en Roemenië. Die variasie wat in die Weste gewoonlik met die naam verbind word, is van Oekraïense oorsprong en bevat beet as een van die hoofbestanddele, vandaar die sop se kenmerkende rooi kleur. Daar is egter verskeie ander variasies sonder beet, soos suring-, rog- en koolborsjt. Borsjt is ’n nuwer variasie van ’n antieke sop wat gemaak is van die gepekelde stamme, blare en blomskerms van die bereklou (Heracleum sphondylium), ’n kruidagtige plant wat in klam graslande groei en aan die gereg sy Slawiese naam verleen het. Mettertyd het dit ontwikkel in ’n groot verskeidenheid soppe, waarvan die een met beet as basis die gewildste geword het. Dit word gewoonlik gemaak van vleis- of beenaftreksel en gebraaide groente, wat benewens beet kool, wortels, uie, aartappels en tamaties kan insluit.
30340
Die Movement for Democratic Change (MDC) is 'n Zimbabwiese politieke party wat onlangs in twee geskeur het. Die hoof-faksie word gelei deur Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara is die leier van die wegbreekparty. Die party is in 1999 as 'n opposisieparty gestig om die Zimbabwe African National Union - Patriotic Front teen te staan wat deur President Robert Mugabe gelei word. Die MDC is gevorm uit 'n breë koalisie van burgerlike groepe en indiwidue wat 'n veldtog vir 'n "Nee" stem in die 2000 referendum in Zimbabwe voorgestaan het, veral die Zimbabwe Congress of Trade Unions. In Februarie 2000 het ZANU-PF 'n referendum oor die grondwet gehad. Die voorgestelde veranderinge sou toekomstige presidente tot twee termyne beperk , maar aangesien dit nie terugwerkend sou wees nie, sou dit Mugabe toelaat om nog twee termyne as president te dien. Dit sou ook aan die regering en militêre amptenare immuniteit teen vervolging verleen vir enige onwettige dade wat gepleeg is tydens hul ampstermyne. Dit het ook die onteiening van grond in blanke besit gewettig vir herverspreiding aan swart boere sonder enige vergoeding. Die referendumvoorstelle is verslaan deur 'n sterk stedelike stem.
129202
Die Franse skilder en beeldhouer Edgar Degas (1834-1917) is veral bekend vir sy skilderye en pasteltekeninge oor die balletkuns. Hoewel hy 'n tydgenoot en vriend van die Impressioniste was, het hy 'n tradisionele skildertegniek gebruik. Hilaire Germain Edgar Degas is op 19 Julie 1834 in Parys gebore en op 27 September 1917 daar oorlede. Sy vader was 'n bankier. Degas het homself 'n leerling van die Franse Neo-Klassistiese skilder Ingres (1780-1867) genoem, hoewel hy in werklikheid nie 'n leerling van hom was nie. Hy het wel op 'n vroeë ouderdom die werk van Ingres leer ken deur besoeke wat hy en sy vader aan museums en kunsgalerye gebring het. Nóg die akademie nóg sy leermeester Louis Lamothe het 'n invloed op die werk van Degas gehad. Degas het egter 'n groot bewondering gekoester vir die "strengheid van tekening" en die "presiesheid van vorm" van Ingres se werk en dié van die 15de eeuse Italiaanse kunstenaars. Hulle invloed is duidelik te bespeur in sy vroeëre werk (voor 1870), byvoorbeeld Die familie Bellelei (1860), wat in die Louvre (Salles du Jeu de Paume) in Parys te sien is.
88690
Jobbik, die beweging vir 'n beter Hongarye (Hongaars: Jobbik Magyarországért Mozgalom, Jobbik) is 'n politieke party in Hongarye. Dit is in 2003 gestig en oorspronklik as regsgesind beskryf. In sy stigtingsmanifes fokus Jobbik as konserwatiewe party op tradisionele Christelike en patriotiese waardes, maar bevestig ook sy voorneme om radikaal op te tree soos 'n paramilitêre beweging. Intussen neem Jobbik meer gematigde standpunte in - blykbaar in 'n poging om tot 'n volksparty en strawwe mededinger vir die regeringsparty Fidesz te ontwikkel. Die Presse, 11 Desember 2017: Wie Jobbik zu Orbáns Gefahr wurde. Besoek op 28 Mei 2019 Cicero - Magazin für politische Kultur, 20 April 2015: Jobbik-Partei - Die „süßen“ Rechtsextremen aus Ungarn Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jobbik. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
316345
The Salvation is 'n Deense Western-rolprent uit 2014 geskryf deur Anders Thomas Jensen en Kristian Levring met regie deur Levring. Die rolverdeling sluit in Mads Mikkelsen, Eva Green, Jeffrey Dean Morgan, Jonathan Pryce, Eric Cantona, Mikael Persbrandt, Douglas Henshall en Michael Raymond-James. Mads Mikkelsen as Jon, die Deense setlaar en hoofkarakter van die verhaal Eva Green as Madelaine, Delarue se stom skoonsuster Jeffrey Dean Morgan as Delarue, die bendeleier en grondbaron Eric Cantona as Die Corsicaan, Delarue se handhawer Mikael Persbrandt as Peter, Jon se broer Douglas Henshall as balju Mallick Michael Raymond-James as Paul Jonathan Pryce as burgemeester Keane Alexander Arnold as Voichek Nanna Øland Fabricius as Marie, Jon se vrou Toke Lars Bjarke as Kresten, Jon and Marie se seun Sean Cameron Michael as Lester Carel Nel as koetssweep Sivan Raphaely as mev. Delgado Grant Swanby as Joe Sonderbene Robert Hobbs as Silwertand Adam Neill as mnr. Bradley Langley Kirkwood as Man met Baard Harris, Gerard (26 Mei 2014). "The Salvation (2014) UK release date, trailer and movie details". Tuppence Magazine.
94708
Suvarnabhumi Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน สุวรรณภูมิ; RTGS: Suwannaphum; uit Sanskrit, सुवर्णभूमि, "Golden Land"), (IATA-kode: BKK, ICAO: VTBS), ook bekend as die nuwe Bangkok Internasionale Lughawe, is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien. Die ander een is Don Mueang Internasionale Lughawe. Suvarnabhumi is op 15 September 2006 amptelik geopen vir beperkte binnelandse dienste en vir die meerderheid plaaslike en alle internasionale kommersiële vlugte op 28 September 2006. Die lughawe is tans die belangrikste sentrum vir Thai Airways International, Bangkok Airways en Orient Thai Airlines. Dit dien ook as plaaslike poort en aansluitingspunt vir verskeie buitelandse rederye. Die lughawe is geleë in Racha Thewa in Bang Phli, Samut Prakan, sowat 25 kilometer (16 myl) oos van die middestad van Bangkok. Die naam Suvarnabhumi is deur Koning Bhumibol Adulyadej gekies en verwys na die hipotetiese goue koninkryk wat iewers in Suidoos-Asië geleë sou wees. Die gebou is ontwerp deur Helmut Jahn van Murphy/Jahn Argitekte. Dit is hoofsaaklik gebou deur ITO JV.
50098
Sint Maartin (Frans: Saint-Martin, Nederlands: Sint Maarten) is 'n eiland in die Karibiese See en lê in Noord-Amerika. Dit is 'n oorsese gebied van Frankryk en die Koninkryk van die Nederlande en is sedert 1648 tussen die twee lande verdeel. Dit is die enigste plek ter wêreld met 'n grens tussen Frankryk en die Koninkryk van die Nederlande (in Europa lê België tussen die twee). Die eiland is genoem na die heilige Martinus van Tours, en het 'n oppervlakte van 87 km² en 'n bevolking van sowat 74 740 in 2009 gehad. Saint-Martin, die Franse deel van die eiland. Sint Maarten, die Nederlandse deel van die eiland. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint Maartin. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
209553
Soewereiniteit is die reg van 'n administratiewe liggaam om die hoogste gesag uit te oefen sonder om aan 'n ander liggaam aanspreeklik te wees. In die politieke teorie is soewereiniteit 'n wesenlike term wat die oppergesag oor 'n politieke entiteit aandui. Die model van die Westfale-soewereiniteit is die basis vir die proses van staatvorming in 'n groot deel van die moderne wêreld. Die konsep kom waarskynlik uit die Latynse superanus of supreme potestas. Die legitimering van hierdie gesag kan vanuit verskillende perspektiewe benader word, soos populêre soewereiniteit of godsoewereiniteit. In moderne state kan alle regte gewoonlik teruggevoer word na die grondwet of konstitusie. Deur middel van die begrip soewereiniteit word aangedui hoekom die grondwet van toepassing is. In die geval van populêre soewereiniteit, byvoorbeeld so omdat die mense veronderstel is om hulself daardie grondwet te gee. In die geval van vorstesoewereiniteit, word die monarg geag die grondwet te gee. In die internasionale reg is soewereiniteit 'n belangrike konsep, aangesien dit betrekking het op die respek vir mekaar se grense en die reg om gesag uit te oefen binne die grense van 'n nasionale staat, die reg tot selfbeskikking.
39177
Slawiërs of Slawe verwys na ’n groep volke wat ’n Slawiese taal praat en veral in Sentraal- en Oos-Europa woon. Die Slawiese tale vorm naas die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Baltiese tale een van die hoofgroepe binne die Indo-Europese taalfamilie in Europa. Lande met ’n oorwegend Slawiese bevolking is die Russiese Federasie, Oekraïne, Pole, Tsjeggië, Belarus, Slowakye, Slowenië, Kroasië, Serwië, Montenegro, Bulgarye, Noord-Masedonië en Bosnië-Herzegowina. Groot Slawiese minderhede word in Kasakstan, Moldowa en die drie Baltiese lande Litaue, Estland en Letland aangetref. Die Slawiese taalgebied het in die Middeleeue in die weste tot in die huidige Duitsland gestrek; beduidende Slawiese minderhede in die Duitse taalgebied is die Sorbe, ’n klein Wes-Slawiese volk in die gewes Lausitz (deelstate Brandenburg en Sakse), asook Kroatiese, Slowaakse en Sloweense minderhede in Oostenryk. Navorsers neem aan die Slawiërs het in die eeue v.C. nog oor ’n gemeenskaplike taal, Protoslawies, beskik. Hierdie taal, waarvan geen geskrifte oorgebly het nie, was nou verwant aan die 10de-eeuse Oud-Slawies en Ou Kerkslawies.
224253
Cherokee (ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi, [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî]) is die enigste van die Irokese tale wat nog gebesig word, met 12 300 sprekers in die Amerikaanse deelstate Oklahoma, Noord-Carolina, Arkansas en Kalifornië. Cherokee word deur die Cherokee-Indiane gepraat. Die oorspronklike naam van hierdie taal was Aniyunwiya, die huidige naam Tsalagi is van die Engelse term Cherokee afgelei, wat eens na die Irokese verwys het. Cherokee is 'n polisintetiese taal met 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en word met die unieke Cherokee-sillabeskrif, wat deur die bekende Sequoyah in die laat 1810's en vroeë 1820's ontwerp is, geskryf. Hedendaags is die meeste Cherokee tweetalig met Engels as tweede taal. Die Unesco beskou Cherokee as 'n bedreigde taal. Dit is die inheemse taal van die Amerikas waarin die meeste literatuur, insluitende die Bybelse Nuwe Testament en Psalms, gepubliseer is. Die Cherokee Phoenix (ᏣᎳᎩ ᏧᎴᎯᏌᏅᎯ, Tsalagi Tsulehisanvhi) is die eerste koerant wat deur inheemse Amerikaners in die Verenigde State gepubliseer is en die eerste wat in 'n inheemse Amerikaanse taal uitgegee is.
129906
Koördinate: 54°54′54″N 1°35′24″W / 54.915°N 1.59°W / 54.915; -1.59 Die Engel van die Noorde (Engels: Angel of the North) is 'n moderne beeldhouwerk in Gateshead in Tyne and Wear, Engeland, wat deur Antony Gormley geskep is. Die reusestaalstandbeeld met 'n hoogte van 66 voet (20 m) en 'n vlerkspan van 177 voet (54 m), wat 'n engel uitbeeld, is in 1998 voltooi. Die vlerke is in 'n hoek van 3.5 graad in 'n voorwaartse rigting aangebring om die indruk van 'n omhelsing te skep, aldus die kunstenaar. Gateshead Council - The Angel of the North Geargiveer 15 Februarie 2012 op Wayback Machine
287525
Judy Nunn (gebore 13 April 1945) is 'n Australiese aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Box (1975) en in die televisiereekse The Box (1974), Sons and Daughters (1982), en Home and Away (1988). 1975: The Box 1983: Hostage 1983: Sherlock Holmes and a Study in Scarlet 1974: The Box 1982: Sons and Daughters 1988: Home and Away 1978: Bit Part 1983: David Copperfield 2018: Endless Summer: 30 Years of Home and Away Amptelike webwerf Judy Nunn in die Internet-rolprentdatabasis
237644
Arthur V. Johnson (2 Februarie 1876 – 17 Januarie 1916) was 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer. Hy was bekend vir sy rol in die rolprent The Beloved Adventurer (1914). 1914: The Beloved Adventurer Arthur V. Johnson in die Internet-rolprentdatabasis
88785
Fidesz - Hongaarse burgerlike-alliansie (Hongaars: Fidesz – Magyar Polgári Szövetség, uitgespreek [ˈfidɛs]) is 'n sentrum-regse politieke party in Hongarye. Die party is in 1988 gestig. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
370870
Die militêre geskiedenis van Suid-Afrika beskryf die geskiedenis van konflik en gewapende magte oor 'n tydperk wat strek vanaf die begin van die geskiedenis tot die huidige tyd. Dit dek burgeroorloë, oorloë van aggressie en van selfverdediging binne Suid-Afrika en teen die land. Dit sluit die geskiedenis in van konflik wat in die moderne Suid-Afrika en in naburige gebiede geveg is, in beide wêreldoorloë en in moderne internasionale konflikte. Tussen 200 000 en 100 000 jaar gelede het moderne mense regdeur Afrika begin ontwikkel, insluitend Suid-Afrika. Die eerste mense was die voorouers van die San, wat later met suidbewegende Khoi-herders uit die noorde ontmoet het en gesamentlik as die Khoisan bekend geword het. Aangesien die vroegste bewyse van prehistoriese oorlogvoering in 'n Mesolitiese begraafplaas in Jebel Sahaba gevind is, vasgestel is om ongeveer 14 000 jaar oud te wees, kan aanvaar word dat konflik van die vroegste tye ook deel van die samelewing in Suid-Afrika was. Die Khoisan het ongeveer dieselfde tyd (300 n.C.) na die Kaapse Skiereiland en omstreke afgedryf.
90541
Die HMS Queen Elizabeth is 'n vliegdekskip en slegs die tweede skip wat dié naam dra in die Britse Vloot naas die HMS Queen Elizabeth-slagskip. Die HMS Queen Elizabeth is in Rosyth gebou en is op 7 Desember 2017 in diens gestel. Dit is die grootste oorlogskip wat ooit vir die Verenigde Koninkryk se Royal Navy gebou is, en is in staat om tot veertig vliegtuie te dra. Die skip is op 4 Julie 2014 deur koningin Elizabeth II gedoop. Op 26 Junie 2017 is met seeproewe begin en die skip was teen die einde van 2017 vol-operasioneel . Die eerste bevelvoerder is kommandeur Jerry Kyd, die voormalige kaptein van HMS Ark Royal en HMS Illustrious. "Tight budgets and imminent Brexit threaten Britain's armed forces". The Economist (in Engels). 6 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 15 Julie 2017. ""Queen Elizabeth Due To Set Sail From Rosyth today"" (in Engels). BBC News. 26 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 26 Junie 2017. "Royal Navy Appoints First Captain of HMS Queen Elizabeth" (in Engels).
9179
Wladimir Wladimirowitsj Poetin (Russies: Влади́мир Влади́мирович Пу́тин; gebore 7 Oktober 1952) is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig. Hy het op 31 Desember 1999 waarnemende president geword nadat Boris Jeltsin die amp neergelê het. In 2000 het hy die presidentsverkiesing gewen en in 2004 is hy vir ’n tweede termyn herkies tot 7 Mei 2008. Hy kon volgens die Russiese grondwet nie vir ’n derde agtereenvolgende termyn herkies word nie. Poetin was tydens sy termyn as premier ook voorsitter van Verenigde Rusland, ’n party wat 70% van die setels in die Staatsdoema (laerhuis) het. In September 2011, nadat die wet verander is om die presidensiële termyn van vier na ses jaar te verleng, het Poetin aangekondig hy sou hom vir nog ’n termyn verkiesbaar stel in die Russiese presidentsverkiesing van 2012. Dit het gelei tot grootskaalse protesoptogte in baie Russiese stede.
221008
Fran Drescher (gebore 30 September 1957) is 'n Amerikaanse skryfster, aktrise, en vervaardiger van Joodse afkoms. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Saturday Night Fever (1977), The Beautician and the Beast (1997), en Hotel Transylvania (2012), en in die televisiereeks The Nanny (1993). 1977: Saturday Night Fever 1978: American Hot Wax 1980: Gorp 1984: Young Lust 1984: The Rosebud Beach Hotel 1990: Cadillac Man 1992: We're Talkin' Serious Money 1994: Car 54, Where Are You? 1997: The Beautician and the Beast 2012: Hotel Transylvania 2013: Brave Miss World 2018: The Creatress 2019: Safe Spaces 1986: Charmed Lives 1991: Princesses 1991: Maury 1993: The Nanny 2003: The Restaurant 2005: Living with Fran 2005: La nany 2005: Niania 2007: La niñera 2010: The Fran Drescher Show 2011: Happily Divorced 2013: Who's Cooking with Florence Henderson 2014: Here's a Thought with Charles Shaughnessy 2014: Celebrity Home Raiders 1982: I'd Rather Be Calm 1984: P.O.P. 1991: The Annual National Convention of Christians and Jews 1993: Without Warning: Terror in the Towers 1995: Hollywood's Most Powerful Women 2002: The 3rd Annual Women Rock!
16023
Paris Whitney Hilton (* 17 Februarie 1981) is 'n Amerikaanse sosiale persoonlikheid, aktrise, model, outeur en sangeres. Die oorspronklike rede vir haar bekendheid, is omdat sy die agterkleindogter is van Conrad Hilton, wat bekend is vir sy befaamde Hilton Hotelgroep. 'n Video-opname van haar terwyl sy seks met haar kêrel het, het aan haar baie publisiteit verleen. Dié skandaal het ook belangstelling in haar realiteitsprogram, The Simple Life, tot gevolg gehad. Dit is gevolg deur 'n rits persoonlike skandale en publisiteitspogings. Hilton het ook internasionale erkenning en verskeie toekennings ontvang vir modelwerk, rolspel en skryfkuns.[verwysing benodig] (en) Amptelike webwerf (en) Die amptelike Paris Hilton-YouTube-kanaal (en) Paris Hilton in die Internet-rolprentdatabasis Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
259809
Sebastian Bach (gebore 3 April 1968) is 'n Kanadese akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Final Rinse (1999), Rock of Ages (2012), en Swearnet: The Movie (2014), en in die televisiereeks Gilmore Girls (2000). 1999: Final Rinse 2004: Kiss Loves You 2012: Rock of Ages 2012: Gunners 2014: Swearnet: The Movie 2018: Rock Camp: The Movie 1992: Hangin' w/MTV 2000: Gilmore Girls 2001: Strange Frequency 2001: Cover Wars 2002: Never Mind the Buzzcocks 2003: I Married... 2006: Supergroup 2007: Celebrity Rap Superstar 2008: Gone Country 2011: Nederlandse Hollywood Vrouwen 2011: Adults Only 2014: Sing Your Face Off 2015: Breaking Band 2016: Trailer Park Boys: Out of the Park 2000: Broadway on Broadway 2002: The New Sideshow 2006: VH1's Heavy: The Story of Metal 2006: Guns N' Roses: Rock am Ring 2006 2012: Sebastian Bach: Kicking and Screaming and Touring 2013: Yukon Kornelius 1989: Skid Row: I Remember You 1989: Skid Row: Youth Gone Wild 1989: Skid Row: 18 and Life 1990: Skid Row: Oh Say Can You Scream 1993: Skid Row: No Frills Video 1993: Skid Row: Roadkill 1994: Skulhedface 2004: Sebastian Bach: Forever Wild 2012: Asking Alexandria: Through Sin and Self-Destruction 2013: Sebastian Bach: Abachalypse Now 2014: The Roast on the Range Sebastian Bach in die Internet-rolprentdatabasis Sebastian Bach op Twitter Sebastian Bach op Facebook
22539
'n Boek is 'n algemene voorwerp wat 'n klomp gebundelde bladsye het waarop daar in ink, of soms ander stowwe, inligting geskrywe staan. Boeke kan oor een onderwerp handel (soos storieboeke en veldspesifieke boeke) of oor 'n hele aantal (soos ensiklopedieë). Boeke beskik oor die volgende kenmerke: Dit het 'n titelblad, gewoonlik waarop die naam van die skrywer en uitgewer, sowel as die publikasiedatum verskyn Sommige boeke het 'n voorwoord en/of inleiding Daar is in sekere boeke, soos naslaanwerke, 'n inhoudsopgawe vóór in die boek Daar is normaalweg 'n indeks ('n alfabetiese lys van die onderwerpe wat in die boek verskyn) agterin naslaanwerke Sommige boeke het ook 'n glossarium agter in die boek, waar woorde en terme verduidelik word Volgens Unesco se definisie word enige gedrukte publikasie wat nie gereeld verskyn nie, aan die publiek beskikbaar gestel word en met uitsondering van die titelblad en omslag 'n minimum van 49 bladsye het as boek beskou. Tans word daar jaarliks sowat 1,2 miljoen boeke gepubliseer (waarvan 375 000 in Engels en 80 000 in Duits verskyn).
46323
Diego Velázquez (6 Junie 1599 – 6 Augustus 1660) was 'n Spaanse skilder en die voorste skilder aan die hof van koning Filips IV. Hy was 'n individualistiese kunstenaar van die destydse baroktydperk en 'n belangrike portretskilder. Hy het talle skilderye geskep wat vandag van geskiedkundige en kulturele belang is, asook 'n groot aantal portrette van die Spaanse koninklike familie, ander noemenswaardige Europese figure en alledaagse mense. Las Meninas, 'n 1656-skildery, word nie slegs as Velázquez se meesterwerk beskou nie, maar ook onder die belangrikste werke in die Westerse kunsgeskiedenis gereken. Velázquez se kunswerke het reeds vanaf die eerste kwart van die 19de eeu as model vir realistiese en impressionistiese skilders gedien, veral Édouard Manet. Sedert die tyd het moderner kunstenare, waaronder Spanje se Pablo Picasso en Salvador Dalí, asook die Anglo-Ierse Francis Bacon huldebetuigings aan Velázquez gebring deur verskeie van sy bekendste werke te herskep. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
100908
Die kuifhert (Elaphodus cephalophus) is ’n klein spesie herte wat gekenmerk word deur ’n swart kuif op sy voorkop en lang slagtande by die ramme. Dit is naby verwant aan die moentjak en kom effens verder noord voor oor ’n groot gebied van Sentraal-China noordoos van Myanmar. Dit is ook onlangs in Afganistan opgemerk nadat dit 60 jaar gelede laas gesien is. Hoewel dit ly onder habitatverlies en jagtogte, word dit nie as bedreig beskou nie. Dit is die enigste lid van die genus Elaphodus en is beperk tot woude van 4 500 m bo die seevlak, en dit maak dit moeilik om die dier te bestudeer. Vier subspesies van die kuifhert word erken, waarvan een twyfelagtige taksonomiese status het: E. c. cephalophus – die grootste subspesie, kom voor in Suidwes-China en Noordoos-Myanmar. E. c. michianus – het ’n smal snoet, kom voor in Suidoos-China. E. c. ichangensis – het ’n relatief breë snoet en grys pels, kom voor in Sentraal-China.
26396
Stacy Ann Ferguson, beter bekend as slegs Fergie, is 'n Amerikaanse sangeres, liedjieskryfster, aktrise en kletsrymer. Sy is op 27 Maart 1975 in Hacienda Heights, Kalifornië, gebore. Daar het sy in 'n streng Katolieke huis grootgeword, maar het egter met bendelede in Hacienda Heights deurmekaar geraak. Sy het in die tagtigerjare in die TV-program Kids Incorporated verskyn. Sy was in die negentigs ook lid van die meisiegroep Wild Orchid. Hulle het twee albums uitgereik. In 2003 het sy as hoofsanger van die musiekgroep Black Eyed Peas (BEP) aangesluit. Sy het die plek van die sangeres Kim Hill ingeneem wat die groep in 2000 verlaat het. In dieselfde jaar van haar aansluiting tot die groep, was hul album Elephunk 'n groot sukses met treffers soos Where is the Love? saam met Justin Timberlake, Hey Mama en Let's Get Retarded (gewysig vir radio na Let's Get it Started). Hul tweede album Monkey Business in 2005, was ewe suksesvol met treffers soos My Humps en Pump It. Haar debuut-solo-album, The Dutchess, is in 2006 uitgereik.
218041
Amanda Bynes (gebore 3 April 1986) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente What a Girl Wants (2003), She's the Man (2006), Hairspray (2007), en Easy A (2010). 2002: Big Fat Liar 2003: What a Girl Wants 2005: Lovewrecked 2006: She's the Man 2007: Hairspray 2007: Sydney White 2010: Easy A 1994: All That 1999: The Amanda Show 2000: Double Dare 2000 2002: What I Like About You 2002: Storyline Online 2005: Isaac 2001: Rugrats: Still Babies After All These Years 2004: Channel Surfing 2005: All That 10th Anniversary Reunion Special 2008: Living Proof 2008: Starz Inside: Fashion in Film 2009: Canned 2002: Charlotte's Web 2: Wilbur's Great Adventure 2005: The Making of 'Robots' 2007: Hairspray: Inside the Recording Booth 2007: You Canot Stop the Beat: The Long Journey of 'Hairspray' 2007: 'Hairspray' Extentions 2009: Hope and Miracles: The Making of 'Living Proof' 2010: The Making of Easy A Shira, Dahvi (14 Junie 2011).
4249
Die Ottomaanse Turke was dié etniese deel van die Turke wat as heersende klas die Ottomaanse Ryk oorheers het. Die magtigste familie wat die sultans gelewer het, was die Huis van Osman. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
388846
Susan Scott is 'n Brits-Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprentmaker. Sy is veral bekend vir haar 2018-Stroop (rolprent). Sy verfilm bewaringsonderwerpe reg oor die wêreld en het verskeie toekennings daarvoor ontvang. Sy is deur Africa Geographic as 'n Onbesonge Bewaringsheldin benoem. Susan Scott is in 1972 in Zvishavane (die destydse Shabani) in Zimbabwe (Rhodesië) gebore as die dogter van Douglas James en Iona Scott (née MacKenzie). As gevolg van haar pa se Skotse afkoms en haar Skotse ma, besit sy en haar jonger broer Britse burgerskap. Volgens Scott het haar kleintyd in die natuur in die Zimbabwiese bosveld, waar haar ouers gestasioneer was, sowel as in die Skotse platteland op die Isle of Skye, waar haar ma se familietuiste geleë is, 'n invloed op haar gehad. Hierdie invloed word uitgebrei wanneer haar ouers na Suid-Afrika immigreer in haar tienerjare. Sy spandeer baie tyd in die Krugerwildtuin wat later 'n belangrike deel sou vorm van haar film Stroop (rolprent). Sy blink uit in sport as leerling van Laerskool Mashaba in Mashava, Zimbabwe, waar sy aan baan- sowel as veldnommers deelneem, hokkie, netbal en tennis speel en ook haar provinsie in swem verteenwoordig.
33844
Windows Internet Explorer is 'n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel word waarmee mens webbladsye op die Internet kan lees. Internet Explorer is een van die standaard komponente van die Windows-bedryfstelsel. Die blaaier is sedert 1999 die mees gebruikte webblaaier ter wêreld. Voorheen was die amptelike naam Microsoft Internet Explorer, dikwels afgekort tot IE of MSIE. Met weergawe 7 van Internet Explorer is die naam Microsoft Internet Explorer gewysig na Windows Internet Explorer. Internet Explorer het nog altyd sekere webstandaarde afgeskeep, wat dit moeilik vir ontwikkelaars maak om webbladsye te bou. Weergawe 7 is egter heelwat verbeter en los baie CSS-probleme op, maar veroorsaak ook nuwe probleme. Dit skep ekstra werk omdat ontwikkelaars soms aparte CSS-kode vir IE5, IE6 en nou ook IE7 moet skryf. Van die bekende probleme sluit in: CSS-foute Swak ondersteuning vir die html-standaard Beperkte ondersteuning vir die W3C se XHTML Op 20 Desember 2007 word dit bekend dat Internet Explorer 8 uiteindelik die Acid2-toets geslaag het. Nuut Internet Explorer slaagt vir webtest, NU.nl, 19 Desember 2007 (en) Amptelike webwerf (en) blogs.msdn.com/ie/, webjoernale (en) browsers.evolt.org, laai ouer weergawes af Hierdie artikel is ’n saadjie.
230382
Media (kommunikasie) Media is die kollektiewe kommunikasieuitlatings of gereedskap wat gebruik word om inligting of data te stoor of uitsaai. Dit is of geassosieer met kommunikasie media, of met gespesialiseerde massamedia kommunikasie besighede soos drukmedia, die pers, Fotografie, advertering, film, uitsaaiing (radio en televisie),en drukkerswese. Die term "medium" (die enkelvorm van "media") word gedefinieer as "een van die metode of kanale van algemene kommunikasie in die samelewing, soos koerante, radio, televisie, ens." "What is media? definition and meaning". BusinessDictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Cory Janssen. "What is Communication Media? - Definition from Techopedia". Techopedia.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Martin Lister; Jon Dovey; Seth Giddings; Iain Grant; Kieran Kelly. New Media: A Critical Introduction (PDF) (2nd uitg.). "The definition of medium". Dictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 10 Augustus 2015. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Media (kommunikasie).
213676
Jesse Lon Plemons (gebore 2 April 1988) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Master (2012), Battleship (2012), Black Mass (2015), en Game Night (2018). 2011: Meeting Spencer 2012: The Master 2012: Battleship 2015: Black Mass 2015: The Program 2016: Other People 2017: American Made 2018: Game Night 2019: Jungle Cruise 2019: The Irishman 2021ː The Power of the Dog The Bell Jar Antlers 2006: Friday Night Lights 2012: Bent 2014: Fargo 2017: No Activity 2003: Expert Witness 2013: The Missionary 2012: Battleship: Preparing for Battle 2012: Battleship: Commander Pete 2012: Battleship: Navy Games 2012: Battleship: Battle Stations 2012: Battleship: The Real Navy Jesse Plemons in die Internet-rolprentdatabasis
121350
In die ekologie is volhoubaarheid (van onderhou en vermoë) die eienskap van biologiese stelsels om onbepaald divers en produktief te bly. Langlewende en gesonde vleilande en woude is voorbeelde van volhoubare biologiese stelsels. In meer algemene terme is volhoubaarheid die uithouvermoë van die stelsels en prosesse. Die basiese beginsel vir volhoubaarheid is volhoubare ontwikkeling, wat die vier onderlinge terreine insluit van die ekologie, ekonomie, politiek en kultuur. Volhoubaarheidswetenskap is die studie van volhoubare ontwikkeling en omgewingswetenskap. Volhoubaarheid kan ook gedefinieer word as 'n sosio-ekologiese proses wat gekenmerk word deur die nastreef van 'n gemeenskaplike ideaal. 'n Ideaal is per definisie onbereikbaar binne 'n gegewe tyd en ruimte. Deur dit egter aanhoudend en dinamies te benader, is 'n volhoubare stelsel die uiteindelik resultaat. Gesonde ekosisteme en omgewings is nodig vir die oorlewing van die mens en ander organismes. Maniere om die negatiewe menslike impak te verminder is omgewingsvriendelike chemiese ingenieurswese, die bestuur van omgewingshulpbronne en die beskerming van die omgewing. Inligting word verkry van groen chemie, aardwetenskap, omgewingswetenskap en bewarings-biologie. Ekologiese ekonomie bestudeer akademiese navorsing wat daarop gemik is om menslike ekonomieë en natuurlike ekosisteme te behandel.
55181
Hierdie artikel handel oor UEFA se Europese sokkertoernooi, vir ander gebruike, sien Champions League (dubbelsinnig). Die UEFA Champions League is die grootste bekertoernooi vir sokker ter wêreld. Die Champions League is 'n uitkloptoernooi vir Europese sokkerklubs wat hoog in hulle nasionale ligas geëindig het (sterker liga's sal meer klubs as swakker liga's afvaardig). Die toernooi word deur UEFA georganiseer. Die toernooi begin met die groepuitdunne, waar die boonste twee spanne in elke groep van vier in die uitklopfase van die toernooi speel. Die spanne wat derde in die groep eindig speel verder in die Europa League. Daar word algemeen na die wenner van die Champions League verwys as die sterkste sokkerspan ter wêreld. Die huidige kampioen is Chelsea FC. In 2021 het hulle Manchester City FC met 1–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede Kampioenbeker ingepalm. (en) Amptelike webwerf
18217
Die Rooikat (Caracal caracal) is 'n soogdier en 'n karnivoor en lid van die katfamilie (Felidae - Felinae). Daar is 36 wildekatspesies in die wêreld. Daar is drie hoofgroepe in die katfamilie: die groot katte (Panthera), die jagluiperd (Acinonyx) en die klein katte (Felis). Die rooikat is lid van die felis-groep. Verwarring bestaan oor die naam van die rooikat weens verwarring met ander katte soos die los (Engels: lynx) en die Bobcat omdat die rooikat ook al bekend gestaan het as die Lynx caracal. Die rooikat deel 'n paar unieke eienskap met die los. Hulle het albei 30 tande waar die meeste katte 28 tande het. Die rooikat is nader verwant aan die Felis Serval (tierboskat) as aan die Felis Lynx of die Felis Rufus (die Engelse "Bobcat", ook bekend as die rooilos). Die rooikat kom algemeen in Suid-Afrika voor asook in die res van Afrika en Anatolië. In Noord-Afrika kom die rooikat in lande soos Marokko, Algerië, Tunisië, Egipte, Libië voor asook in die suide van Soedan.
86993
Die oewerkonyn (Bunolagus monticularis) is inheems aan 'n baie klein deel van die Karoo en die kans is groot dat dit gaan uitsterf. Daarom kom die dier voor op die rooilys van bedreigde spesies (IUBN-rooilys). Die opvallendste kenmerk van die oewerkonyn is die duidelike wit ringe om die oë en die donker bruin tot swart streep van die mondhoeke oor elke wang na die basis van die ore. Alhoewel die pels van die diertjie vaalgrys tot donkerbruin is, is die flanke soms effens rooierig. Die maag, ken en keel is roomkleurig, die snuit en wange donker. Om die ore is 'n wit rand en agter die ore 'n rooibruin vlek. Ook die wollerige stert is bruin. Die donsige pote is kort en die agterpote breed. Sy kop-liggaamslengte wissel tussen 33 en 47 cm, die ligbruin stert van 7 tot 11 cm het swart punte. Opvallend is die groot beweegbare ore van 10 tot 12,4 cm. 'n Wyfie weeg gemiddeld 1,8 kg, 'n mannetjie 1,5 kg. Die habitat van die oewerkonyn is 'n uiters beperkte gebied, naamlik die digte oewerplantegroei en die fyn alluviale grond op die spoelvlakte van die nie-standhoudende riviere van die sentrale en suidelike Karoo.
17253
Die Duitse Keiserryk het sy kolonies verwerf in die laaste kwart van die negentiende eeu. Die Duitse kolonies het hul bevind in Afrika, Asië en Oseanië: Togo Duits-Kameroen Duits-Suidwes-Afrika, teenswoordig bekend as Namibië Duits-Oos-Afrika, bestaande uit Tanganjika (die vasteland van Tanzanië), Rwanda en Burundi. Keiser Wilhelmsland was 'n Duitse uitpos in Noordoos-Nieu-Guinee. Jiaozhou-baai, Volksrepubliek China Klein-Venedig of Welser-Kolonie was 'n mislukte poging om 'n Duitse kolonie in Venezuela te vestig. Duitsland het na die Eerste Wêreldoorlog al sy kolonies verloor. Togo en Kameroen is onder Franse protektoraat geplaas; Rwanda en Burundi onder Belgiese protektoraat; en Tanganjika, Suidwes-Afrika en Noordoos-Nieu-Guinea onder Britse protektoraat (die laaste twee langs Suid-Afrika en Australië). Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
29274
Die Russies-Ortodokse Kerk (Russies: Ру́сская Правосла́вная Це́рковь, Roesskaja Prawoslawnaja Tserkof) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel is nie. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland. Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland, soos die Outonome Oekraïens-Ortodokse Kerk, maar ondervind spanning met dié kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word. Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies-Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak. Die Russiese Kerk ontstaan in 988, toe grootprins Wladimir die Grote van Kiëf-Roes die Christelike geloof aanneem as die land se amptelike godsdiens. Die Kiëfse Kerk val aanvanklik onder die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel en die Bisantynse patriarg stel die aartsbiskop aan wat hoof van die Russiese Kerk is. In 1054 is die Russiese Kerk deel van die Oosters-Ortodokse Kerk wat ontstaan ná die skeuring in die kerk van die Romeinse Ryk bekend as die Oos-Wes-skisma.
41121
Warren Edward Buffett (gebore 30 Augustus 1930, Omaha, Nebraska) is 'n Amerikaanse sakeman, belegger en filantroop. Hy besit 38% van die aandele van die groot beleggersmaatskappy Berkshire Hathaway, en is van September 2008 die tweede rykste persoon ter wêreld. Sy totale bates word geskat op ongeveer $52 miljard (bron: Forbes 2008). Voor die kredietkrisis was dit nog $62 miljard; op daardie stadium was Buffett gereken as die wêreld se rykste man. Sedertdien het hy aangekondig dat hy baie van sy geld vir liefdadigheid gaan skenk. Buffett is die tweede kind van Howard Buffett, 'n verkose lid tot die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers. Hy wou op sy ondernemings fokus, maar skryf onder druk van sy pa by die Universiteit van Pennsilvanië in. Sy voltooi egter sy B.Sc. op 19 aan die Universiteit van Nebraska. Daarna het hy aan die Columbia-universiteit studeer. Die Harvard-sakeskool wou hom nie aanvaar nie en hy het gehoor dat professor Benjamin Graham daar doseer. Ná sy studie het Buffett vir 'n kort tyd in Graham se beleggingsmaatskappy gewerk, voordat hy teruggegaan het na Nebraska en sy eie beleggersmaatskappy gestig het.
232381
Michelle Williams (gebore 9 September 1980) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Brokeback Mountain (2005), Blue Valentine (2010), My Week with Marilyn (2011), en Manchester by the Sea (2016). 1998: Halloween H20: 20 Years Later 1999: Dick 1999: But I'm a Cheerleader 2001: Me Without You 2004: A Hole in One 2004: Imaginary Heroes 2004: Land of Plenty 2005: Brokeback Mountain 2005: The Baxter 2006: The Hawk Is Dying 2008: Synecdoche, New York 2008: Deception 2008: Incendiary 2008: Wendy and Lucy 2009: Mammoth 2010: Blue Valentine 2010: Meek's Cutoff 2011: My Week with Marilyn 2011: Take This Waltz 2013: Oz the Great and Powerful 2013: Letters to Jackie: Remembering President Kennedy 2014: Suite Française 2016: Manchester by the Sea 2016: Certain Women 2017: The Greatest Showman 2017: Wonderstruck 2017: All the Money in the World 2018: Venom 2018: I Feel Pretty Janis All the Old Knives Annette This Is Jane Rio After the Wedding 1995: Raising Caines 1998: Dawson's Creek 2007: DP/30: Conversations About Movies 2019: Untitled 'Fosse/Verdon' Project 1999: Dawson's Creek: Behind the Scenes 1999: Songs from Dawson's Creek 1999: The Making of 'Dick' 2004: The Concept: Making 'Species' 2009: Greed, a New Fragrance by Francesco Vezzoli 2011: My Week with Marilyn: The Untold Story of an American Icon 2015: Louis Vuitton: The Spirit of Travel 2018: Ridley Scott: Crafting a Historical Thriller 2018: Hostages to Fortune: The Cast Michelle Williams in die Internet-rolprentdatabasis
389067
Shane Keith Warne (13 September 1969 – 4 Maart 2022) was 'n Australiese krieketspeler. Hy was 'n regterarm draaibouler en word wyd beskou as een van die grootste boulers in krieketgeskiedenis. In 2008 is hy deur 'n paneel van krieketkenners as een van vyf van Wisden se Krieketspelers van die Eeu aangewys, die enigste spesialis bouler en die enigste speler wat ten tyde van die aanwysing steeds gespeel het. Warne het sy eerste Toetswedstryd in 1992 gespeel en meer as 1 000 paaltjies in toetse en Internasionale eendagwedstryde (EDI's) geneem. Warne se 708 toetspaaltjies was tot 2007 die rekord vir die meeste paaltjies wat deur enige bouler in toetskrieket geneem is. Hy is as een van die Wisden Krieketspelers van die Jaar gekies in die 1994 Wisden Krieketalmanak, en was die Wisden Voorste Krieketspeler in die Wêreld in 1997 en 2004. Hy was 'n nuttige stertkolwer en het meer as 3 000 toetslopies aangeteken, met 'n hoogste telling van 99 – en is steeds die kolwer wat die meeste lopies behaal het sonder 'n toetshonderdtal agter sy naam.
35221
Hier volg 'n lys van speletjies, hoofsaaklik deur kinders gespeel, wat nie televisie- of rekenaarverwant is nie. Aan-aan Aartappelresies Adam en Eva Blikaspaai Blindemol Bok, bok, staan styf Bok in die hok Boompie-verplant Brandbal Derdemannetjie Diketo Dokter knopie Donkerkamertjie Driebeenresies Eenbeentjie (ook bekend as Hopscotch) Eiergooi Ek gaan na die maan Ek sien met my kleine ogies Hamer spyker Handjietennis Jagertjie Kat-en-muis Kennetjie Klip-papier-skêr (ook bekend as Rock-paper-scissors en Ching-chong-cha) Krappe en krewe Middelmannetjie Miere-en-Doom Polies-en-dief (ook bekend as "Koeiseuns en verneukers") Sakdoekie Sakresies Sardientjies Simon sê Skattejag Skoeloeloe Stoeledans (ook bekend as Musical chairs) Telefoontjie Tippie tippie touchers Toktokkie Toutrek Vroteier Vrugteslaai Wegkruipertjie Wolf, wolf, hoe laat is dit? Die volgende speletjies word gewoonlik eerder as boeresport geklassifiseer. Aartappelresies Driebeenresies Eiergooi Sakresies Toutrek
373477
Durga of Doerga (Sanskrit: दुर्गा Durgā) is ’n belangrike godin in Hindoeïsme. Sy word aanbid as ’n hoofaspek van die moedergodin, Devi, en is een van die gewildste Indiese godinne. Sy word verbind met bewaring, krag, moederskap, vernietiging en oorloë. Haar legendes is gesentreer om gevegte teen bose geeste en demone wat vrede, vooruitgang en dharma bedreig. Historici van godsdiens en kuns speur die vroegste uitbeeldings van Durga terug na die seëls van die Indusvalleibeskawing. Daar is egter geen direkte bewyse van haar aanbidding op die terrein gevind nie. Daar is verskeie sinspelings na haar in die vroeë Vediese geskrifte en later maak sy haar verskyning as ’n onafhanklike godin. Volgens Hindoelegendes is Durga deur die gode geskep om die demoon Mahishasura te verslaan, omdat hy net deur ’n vrou doodgemaak kon word. Durga word as ’n moedergodin beskou en word dikwels uitgebeeld as ’n beeldskone vrou wat op ’n tier of leeu ry, met baie arms wat elk ’n wapen vashou en dikwels demone verslaan. Sy word algemeen aanbid in Shaktisme, wat veral om godinne gesentreer is, en is ook belangrik in ander denominasies soos Shaivisme en Vaishnavisme.
244737
Alla Nazimova (3 Junie 1879 – 13 Julie 1945) was 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Eye for Eye (1918), The Brat (1919), Stronger Than Death (1920), en Salomé (1922). 1916: War Brides 1918: Eye for Eye 1918: Revelation 1918: Toys of Fate 1919: The Brat 1919: Out of the Fog 1919: The Red Lantern 1920: Stronger Than Death 1920: Billions 1920: The Heart of a Child 1920: Madame Peacock 1922: Salomé 1922: A Doll's House 1924: Madonna of the Streets 1925: My Son 1925: The Redeeming Sin 1940: Escape 1941: Blood and Sand 1944: The Bridge of San Luis Rey Alla Nazimova in die Internet-rolprentdatabasis
14141
'n Dolfyn is 'n waterlewende soogdier, verwant aan die walvis en tornyn. Die naam ontspring van die ou-Griekse delphis wat beteken met 'n baarmoeder, met ander woorde 'n vis met 'n baarmoeder. 'n Groep dolfyne word 'n skool genoem. Die woord dolfyn kan verskeie gegewe impliseer: Enige lid van die familie Delphinidae (seedolfyne), Enige lid van die families Delphinidae en Platanistoidea (see- en rivierdolfyne), Enige lid van die suborde Odontoceti (tandwalvisse wat bogenoemde families en sommige ander insluit), Dit kan ook gewoon gebruik word as 'n sinoniem vir die Indiese oseaan-stompneusdolfyn, die mees algemene en bekende spesie dolfyn. Hierdie artikel verwys na die tweede betekenis. Tornyne (die suborde Odontoceti, familie Phocoenidae) is dus nie dolfyne in hierdie betekenis nie. Aan die ander kant behoort die moordvis wel aan die familie en word hulle beskou as dolfyne, terwyl hulle gewoonlik as 'n soort walvis in die spreekstaal beskou word. Daar bestaan 32 spesies in 17 genera, by verre die grootste familie van setaseë. In Suider-Afrika is daar 19 spesies opgeteken.
257419
Emilia Jones (gebore 23 Februarie 2002) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Youth (2015), High-Rise (2015), en Brimstone (2016), en in die televisiereeks Utopia (2013). 2015: Youth 2015: High-Rise 2016: Brimstone 2018: Incident in a Ghostland 2018: Two for Joy 2018: Patrick Nuclear 2013: Utopia 2015: What We Did on Our Holiday: Deleted Scenes 2018: L'image Fantôme - Sur le tournage de Ghostland Emilia Jones in die Internet-rolprentdatabasis
82882
Die Lockerbie-bomaanval was 'n terroriste-aanval op vlug 103 van die Amerikaanse lugredery, Pan Am wat op 21 Desember 1988 bokant die Skotse dorp Lockerbie plaasgevind het. Die vliegtuig was vanaf Frankfurt na New York Stad onderweg, maar het eers 'n tussenstop in Londen gemaak. Die bom ontplof in die suide van Skotland oor Lockerbie en al 243 passasiers en 16 bemanningslede is dood. Die wrakstukke val in 'n beboude gebied wat tot 'n verdere 11 ongevalle lei. 'n Totaal van 270 mense kom in die ramp om. Die ondersoek het bevind dat die Libiese regering vir die aanval verantwoordelik is. Die Verenigde Nasies stel sanksies in wat handel met Libië verbied. In 2003 stem Libië in om vergoeding aan die families van die slagoffers te betaal. Verskeie Suid-Afrikaanse politici, onder andere Pik Botha en Magnus Malan was aanvanklik op die vlug bespreek. Hulle was op pad na die VSA om oor vrede in Angola en Namibië te onderhandel. Die vlug is egter op kort kennisgewing gekanselleer en 'n regstreekse vlug is na Londen geneem. Dit het aanleiding gegee tot bespiegelinge dat hulle moontlik vooraf gewaarsku is.
208161
Garret Dillahunt (gebore 24 November 1964) is 'n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente No Country for Old Men (2007) en 12 Years a Slave (2013), en in die televisiereekse Deadwood (2004) en Raising Hope (2010). 2001: The Believer 2007: No Country for Old Men 2009: The Last House on the Left 2010: Burning Bright 2010: Winter's Bone 2010: Oliver Sherman 2010: Amigo 2012: Any Day Now 2013: 12 Years a Slave 2013: Houston 2014: The Scribbler 2014: Against the Sun 2014: Just Before I Go 2015: Beast 2016: Come and Find Me 2017: Wheelman 2018: Benched 2018: Braven 2019: Supreme Ruler 2019: Sergio 2001: Leap Years 2003: A Minute with Stan Hooper 2004: Deadwood 2006: The Book of Daniel 2008: Terminator: The Sarah Connor Chronicles 2010: Raising Hope 2012: The Mindy Project 2013: Paloma 2014: Hand of God 2017: The Guest Book 2017: Arkansas Traveler 2004: Mr. Ed 2012: TalhotBlond 2017: Monsters of God 2009: Blood and Metal 2009: Choreographing Chaos 2009: Motivations 2009: War Stories Garret Dillahunt in die Internet-rolprentdatabasis Garret Dillahunt op Twitter Garret Dillahunt op Facebook
311043
Groepskaptein Sir Douglas Robert Steuart Bader, CBE, DSO & Balkie, DFC & Balkie, DL, FRAeS; 21 Februarie 1910 - 5 September 1982) was 'n Britse Koninklike Lugmag, (RAF) bobaasvlieënier wat aan die die Tweede Wêreldoorlog deel geneem het. Daar is 22 lugoorwinnings, vier gedeelde oorwinnings, ses waarskynlikhede, een gedeelde waarskynlike oorwinning aan hom toegeken. Hy het ook 11 vyandelike vliegtuie beskadig. Bader het in 1928 by die RAF aangesluit en in 1930 as offisier aangestel. In Desember 1931 het hy, terwyl hy probeer het om aërobatiek te doen, neergestort en albei sy bene verloor. Nadat hy byna die dood was, herstel hy, neem weer vlugopleiding, slaag sy toetsvlugte en vra daarna weer om as vlieënier aangestel te word. Alhoewel daar geen regulasies op sy situasie van toepassing was nie, is hy op mediese gronde teen sy wil op pensioen geplaas. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 het Douglas Bader egter na die lugmag teruggekeer en is hy as vlieënier aanvaar. Hy behaal sy eerste oorwinnings oor Duinkerken tydens die Slag van Frankryk in 1940.
240078
Barry O'Moore (8 Desember 1879 – 23 Oktober 1945) was 'n Amerikaanse akteur. 1914: The Man Who Disappeared 1915: Over Night Barry O'Moore in die Internet-rolprentdatabasis
134123
Die kokketiel (Nymphicus hollandicus) is ’n lid van die Kaketoefamilie wat inheems aan Australië is. Hulle is oor die wêreld heen gewild as troeteldiere en is redelik maklik om te teel. As voëls wat in hokke aangehou word, is hulle naas die budjie die gewildste. Die kokketiel is die enigste lid van die genus Nymphicus. Dit is voorheen beskou as ’n kuifpapegaai, maar ná meer onlangse molekulêre studies en DNS-toetse is hulle in hul eie subfamilie, Nymphicinae, in die kaketoefamilie, Cacatuidae, geplaas. Dit is die kleinste voël in die familie. Kokketiele is inheems aan Australië en kom veral in die moeras-, struik- en boslande voor. Die stand van die kokketiel se kuif dui sy gemoedstemming aan. Dit staan regop wanneer hy geskrik het of opgewonde is, skuins in ’n neutrale bui en plat teen die kop wanneer hy kwaad of op die verdediging is. Die voël se stert maak omtrent die helfte van sy totale lengte uit. Hy is sowat 30-33 cm lank en dus die klienste kaketoespesie. Die "gewone grys" of "natuurtipe" kokketiel se vere is hoofsaaklik grys met opvallende wit vlekke aan die vlerke.
116681
GoPro, Inc. (bemark as die GoPro, en soms gestileerd as GoPRO) is 'n Amerikaanse tegnologiemaatskappy wat in 2002 deur Nick Woodman gestig is. Dit vervaardig gelyknamige aksiekameras en ontwikkel ook sy eie mobiele toepassings en videoredigeringsagteware. Die maatskappy is oorspronklik as Woodman Labs, Inc gestig, maar het later sy eie lyn van aksiekameras ontwikkel, en uiteindelik ook videoredigeringsagteware. Dit het ook 'n kwadkopterhommeltuig ontwikkel wat in Oktober 2016 vrygestel is. Woodman het aanvanklik 'n gedeelte van sy kapitaal bekom deur die verkoop van krale en skulpgordels vir onder $20 uit sy VW-paneelwa en later, mode kamerabande. Hy het ook meer as $230 000 in beleggings van sy ouers ontvang. In 2004 het die maatskappy sy eerste kamerastelsel verkoop, wat 35 mm film gebruik het. Digitale videokameras is later vrygestel. Teen 2014 was 'n vastelens HD videokamera met 'n 170°-wyehoeklens beskikbaar; twee of meer kameras kan ingespan word om saam 360-grade video te skep. Op 4 Junie 2014 het die maatskappy aangekondig dat die voormalige uitvoerende bestuurder van Microsoft, Tony Bates, as president aangestel is en direk aan Woodman sal rapporteer.
129981
Nihilisme is 'n begrip wat gebruik word in die filosofie, om die ontkenning van die bestaan van betekenis of waarde in die wêreld aan te dui. Die woord kom van die Latynse "nihil" wat letterlik "niks" beteken. Die term is sterk verbind met die filosoof Friedrich Nietzsche, wat in sy werk op die nihilisme gefokus het. Nihilisme kan ook epistemologiese, ontologiese of metafisiese vorms inneem, wat onderskeidelik beteken dat kennis in sommige opsigte nie moontlik is nie, of in die werklikheid nie bestaan nie. Die term bestaan sedert die Franse Rewolusie. In die filosofie word nihilisme gepopulariseerd deur Friedrich Heinrich Jacobi in 1799, in 'n kritiek op Johann Gottlieb Fichte. Die term word in hierdie tyd gebruik om afkeer of die afbreek van die ‘hoogste waardes’ te beskryf. Die term word negatief gebruik, selfs as 'n skelwoord. In die eerste helfte van die 19de eeu word die term in verskeie lande gebruik deur diegene wat vrees vir die slegte invloed van 'n afwysing van die geloof en die aanvaarde kulturele waardes. Hierdie skrywers vrees 'n beweging "wat niks heel laat van wat vir hulle die hoogste waarde verteenwoordig."
257364
Phoebe Dynevor (gebore 17 April 1995) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Younger (2015), Dickensian (2015), en Snatch (2017). 2012: Prisoners Wives 2015: Younger 2015: Dickensian 2017: Snatch Phoebe Dynevor in die Internet-rolprentdatabasis
243773
Vladimir Samoylovich Horowitz (/ˈhɒrəvɪts/; Russies: Владимир Самойлович Горовиц; Oekraïens: Володимир Самійлович Горовиць; Jiddisj: וולאדימיר סאַמוילאָוויטש האָראָוויץ‎; 1 Oktober [O.S. {{{3}}}] 18 September 1903 – 5 November 1989) was 'n Amerikaanse klassieke pianis en komponis wat in die Russiese Ryk gebore is. Hy was bekend vir sy virtuose tegniek, sy toonkleur en die opwinding wat met sy opvoerings gepaard gegaan het. Hy word beskou as een van die grootste pianiste van alle tye. Vladimir Horowitz was in Kiev, Russiese Ryk gebore (nou die hoofstad van Oekraïne). Daar bestaan ongestaafde beweringe dat Horowitz in Berdychiv gebore is ('n stad naby Zhytomyr in Oekraïne), maar sy geboortesertifikaat konstateer egter op ondubbelsinnige wyse vir Kiev as sy geboorteplek. Horowitz was die jongste van vier kinders in die huis van Samuil Horowitz en Sophia Bodik, wat geassimileerde Jode was. Samuil was 'n vooruitstrewende elektriese ingenieur en 'n verspreider van elektriese motors vir Duitse vervaardigers. Horowitz se oupa Joachim was 'n handelaar (en ondersteuner van die kunste) wat aan die Iste Gilde behoort het en derhalwe kwytgeskeld daarvan was om in die Russiese Vestigingsgebied vir Jode te woon.
88299
Saffraan is die goudgeel kleur van die punt van die saffraanblomdraad, waaruit die spesery saffraan verkry word. Deur die vermenging van geel, rooi en wit kan saffraankleur geproduseer word. Die eerste opgetekende gebruik van saffraan as 'n kleurnaam in Engels was in 1200. Volgens verskeie kleurskemas word saffraan as volg voorgestel: Lys van kleure Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
303215
Dit is 'n lys van sporte met 'n artikel op Wikipedia, gerangskik volgens die manier van beoefening. Discuswerp - Hamergooi - hardloop - Driesprong - Hoogspring - Hekkies - Gewigstoot - marathon - Paalspring - stapwedloop - speerwerpen - sprint - tienkamp - driekamp - verspring - rolstoelresies - Sewekamp Amerikaanse voetbal - Australiese voetbal - bandy - Basketbal - vlag voetbal - floorball - gaelic football - Handbal - VeldHokkie - Perdebal - hurling - yshokkie - skielerhokkie - korfbal - kragbal - lacrosse - polo - quad Rugby - rolhockey - rolstoelbasketbal - Rugby - trefbal - sokker - waterpolo - saalhokkie - saalsokker Badminton - strandvolleybal - bossabal - kaatsen - padel - rakketlon - racquetbal - rolstoeltennis - sepak takraw - squash - tafeltennis - tennis - volleybal - vuistbal- pickleball Krieket - Honkbal (baseball) - kastie - slagbal - Sagtebal
83811
Die Golden Globes is Amerikaanse pryse wat sedert 1944 deur die 93 lede van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA) toegeken word vir uitnemendheid in rolprente en op televisie, plaaslik en internasionaal. Die jaarlikse formele seremonie waarop die pryse toegeken word, is ’n belangrike deel van die rolprentwese se prysseisoen, wat eindig met die jaarlikse Oscar-toekenningsaand. Die 76ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in 2018 vereer het, is op 6 Januarie 2019 in die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Dit vind sedert 1961 hier plaas. Beste rolprent – drama Beste rolprent – musiekblyspel of komedie Beste regisseur Beste akteur – rolprentdrama Beste akteur – musiekblyspel of komedie Beste aktrise – rolprentdrama Beste aktrise – musiekblyspel of komedie Beste byspeler – rolprent Beste byspeelster – rolprent Beste draaiboek Beste oorspronklike musiek Beste oorspronklike liedjie Beste buitelandse rolprent Beste vollengte-animasieprent (sedert 2006) Cecil B.
105208
Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi (Persies: محمد زکریای رازی), ook bekend as al-Rāzi, Rhazes of Rasis (28 Augustus 854 – 6 Oktober 925) was 'n Persiese dokter, alchemis, chemikus, filosoof sowel as een van die mees noemenswaardige figure in die geskiedenis van die geneeskunde. Hy is ook as 'n Uomo universale erken. Razi is in Rey, 'n stad wat in die suidelike kant van die Teheran-provinsie geleë is, gebore. Dit is moontlik dat sy agternaam na sy geboorteplek verwys. Dit word dikwels gesê dat hy in sy jeug die kans gehad het om 'n loopbaan in die musiek te volg, maar hy het meer in alchemie belanggestel. Omdat sy eksperimente hom 'n oogsiekte gegee het, het Razi met sy studies van die alchemie opgehou. Sy soektog vir 'n geneesmiddel teen hierdie oogsiekte is moontlik die rede hoekom hy met die geneeskunde bemoeid geraak het. Razi het voortgegaan om die geneeskunde onder Ali ibn Sahl Rabban al-Tabari te bestudeer. Later het hy 'n dokter in sy tuisdorp geword. Daarna het hy die hele Persië deurreis om lesings in geneeskunde te gee.
384176
Alija (Hebreeus: עֲלִיָּה, "opkoms") is die immigrasie van Jode van die Joodse diaspora na histories die Heilige Land, wat vandag die moderne staat Israel insluit. Dit word gedefinieer as "die daad om op te gaan" – dus na Jerusalem. Om "alija" te maak deur na die land Israel te verhuis is een van die basiesste leerstellings van Sionisme. Die teenoorgestelde aksie, emigrasie uit Israel, word in Hebreeus jerida ("daling") genoem. Vir 'n groot deel van hulle geskiedenis het die meeste Jode in die diaspora gewoon, waar alija as 'n nasionale ambisie vir die Joodse volk ontwikkel is. Dit is egter nie gewoonlik vervul nie, tot met die ontwikkeling van die Sionistiese beweging in die laat 19de eeu. Die grootskaalse immigrasie na Palestina het in 1882 begin. Sedert die stigting van die moderne staat Israel in 1948 het miljoene Jode al na Israel verhuis. Teen 2014 het Israel en die aangrense gebiede 42,9% van die wêreld se Joodse bevolking bevat. Die staat Israel se Terugkeerwet gee aan alle Jode, hulle kinders en hulle kleinkinders outomaties die reg om daar te woon en Israelse burgerskap te kry.
55346
Oos-Afrika of Oostelike Afrika is die oostelike gedeelte van die kontinent van Afrika. Die gebied sluit die lande Comore-eilande, Djiboeti, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Mauritius, Seychelle, Somalië, Tanzanië, Uganda en dikwels ook Burundi, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan en Suid-Soedan in. Een van die geografiese kenmerke van Oos-Afrika is die Groot Skeurvallei en die groot mere wat regdeur die gebied strek. Die Assalmeer in die Djiboeti is die laagste punt van Afrika - 155 m onder seevlak. Kilimandjaro op 5 895 m bo seevlak is die hoogste punt in Afrika. Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.
21212
Die Vestmannaeyjar (letterlik "Wesman-eilande", 'n verwysing na vroeë Keltiese setlaars van die Britse Eilande) is 'n eilandgroep van vulkaniese oorsprong suid van Ysland. Die eilandreeks bestaan uit 14 eilande, 30 "skere" of rotsagtige eilandjies en 30 rotse. Die eiland Heimaey met die gelyknamige dorp met 4 200 inwoners (2011) is die enigste bewoonde eiland. Vestmannaeyjar se ekonomie is hoofsaaklik gebaseer op vissery en toerisme. Op 23 Januarie 1973, om 01:55 die oggend, is die vulkaan Eldfell gebore naby die Vestmannaeyjar. Die Heimaey se hele bevolking is ontruim na die hoofland deur 50 tot 60 vissersbootjies. 300 bejaardes en gestremdes is na Reykjavík ontruim deur vliegtuig en helikopter. Verskeie internasionale organisasies het hand bygesit om die dorp te red. Die hawe, een van die belangrikste in Ysland, was van groot belang en is amper vernietig deur die aankomende lawa. Die vulkaniese ontploffing het vir vyf maande en tien dae aangehou en sy einde is verklaar op 3 Julie 1973. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vestmannaeyjar.
4368
Mary Jane (Mae) West (Woodhaven, New York, 17 Augustus 1893 - Los Angeles, Kalifornië, 22 November 1980) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy is gebore as 'n dogter van Jack West en Matilda Doelger. Mae West het begin optree in Vaudeville op die ouderdom van vyf. Teen die ouderdom van twaalf het sy opgetree onder die naam "The Baby Vamp." Sy het uiteindelik haar eie opvoerings begin skryf. Haar eerste optrede op Broadway was getiteld Sex. Die hoofrol is vertolk deur Mae West, wat ook die skryfster, vervaardiger en direktrise was. Die opvoering het nie aanklank gevind by die stadsamptenare nie, en sy is gearresteer saam met al die ander toneelspelers. Mae West in die Internet-rolprentdatabasis Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
217277
Shea Whigham (gebore 5 Januarie 1969) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Wristcutters: A Love Story (2006), Take Shelter (2011), American Hustle (2013), en Death Note (2017). 2003: All the Real Girls 2004: Out of This World 2006: Wristcutters: A Love Story 2008: Splinter 2009: Spooner 2010: Radio Free Albemuth 2011: Take Shelter 2013: American Hustle 2014: The Life and Mind of Mark DeFriest 2015: Lila & Eve 2015: Cop Car 2017: Death Note 2017: Wheelman 2018: Low Tide 2019: Vampires Vs. the Bronx 2004: Medical Investigation 2010: Boardwalk Empire 2016: Vice Principals 2018: Homecoming 2001: Submerged 2002: R.U.S./H. 2017: The Legend of Master Legend 2018: L.A. Confidential Shea Whigham in die Internet-rolprentdatabasis
109449
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Estnies. Die Estlanders (Estnies: eestlased) of Este is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Estland wat 'n gemeenskaplike Estniese afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Estnies as moedertaal praat. Alternatiewelik is Estlanders diegene wat in Estland woon of in Estland gebore is. Estlanders vorm die titulêre nasie van Estland, waar hulle sowat 69% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Estlanders leef nog minderhede soos Russe (25%), Oekraïners (1,7%) en Wit-Russe (0,9%) in Estland; 'n historiese minderheid vorm die Baltiese Duitsers wat na die Tweede Wêreldoorlog veral in Duitsland gevestig het. Behalwe vir Estland kom Estniese minderhede nog in Europese lande soos Finland (0,8%) en Swede voor, maar verreweg die meeste Estlanders woon in Estland. Wêreldwyd leef sowat 1 miljoen Estlanders, waarvan 907 937 in Estland, 50 367 in Finland, 25 509 in Swede, 24 694 in die Verenigde State en tussen 23 180 en 50 000 in Kanada.
86153
Duits-Oos-Afrika (Duits: Deutsch-Ostafrika, DOA) was vanaf 1885 tot 1918 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van Tanganjika (tans Tanzanië), Rwanda, Burundi en 'n klein gebied in die noorde van Mosambiek. Met 'n oppervlakte van 995 000 km² was dit omtrent twee keer groter as die Duitse Keiserryk self. Duits-Oos-Afrika het in 1913 'n bevolking van ongeveer 7,7 miljoen gehad en was daarmee die grootste Duitse kolonie. Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (tans in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is. Tydens die Oos-Afrika-veldtog is Duits-Oos-Afrika in 1918 deur Geallieerde troepe van Portugal en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Oos-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van België en die Verenigde Koninkryk geword en dele hiervan is by Portugees-Mosambiek ingelyf.
296504
Luc Paul Maurice Besson (Frans: [lyk bɛsɔ̃]; gebore op 18 Maart 1959) is 'n Franse filmregisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger. Hy regisseer of vervaardig die films Subway (1985), The Big Blue (1988) en La Femme Nikita (1990). Besson word geassosieer met die Cinéma du look-filmbeweging. Hy is genomineer vir 'n César-toekenning vir beste regisseur en beste prent vir sy films Léon: The Professional and The Messenger: The Story of Joan of Arc. Hy het Beste Regisseur en Beste Franse Regisseur gewen vir sy wetenskaplike film The Fifth Element (1997). Hy het die sci-fi-aksiefilm Lucy en die 2017-opera-rolprent Valerian and the City of a Thousand Planets in 2014 geskryf en geregisseer. In 1980 stig hy sy eie produksiemaatskappy, Les Films du Loup, en later Les Films du Dauphin, wat in 2000 vervang is deur sy mede-stigter EuropaCorp-filmonderneming met sy jarelange medewerker, Pierre-Ange Le Pogam. As skrywer, regisseur of vervaardiger was Besson tot dusver betrokke by die skepping van meer as 50 films.
256911
George MacKay (gebore 13 Maart 1992) is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Peter Pan (2003), Defiance (2008), Pride (2014), en Captain Fantastic (2016). 2003: Peter Pan 2008: Defiance 2009: The Boys Are Back 2013: How I Live Now 2013: For Those in Peril 2013: Sunshine on Leith 2014: Pride 2014: Bypass 2016: Captain Fantastic 2017: Marrowbone 2018: Where Hands Touch 2018: Been So Long 2018: Ophelia You Really Got Me A Guide to Second Date Sex Nuclear 2012: The Best of Men George MacKay in die Internet-rolprentdatabasis
256715
Asa Butterfield (gebore 1 April 1997) is 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Boy in the Striped Pajamas (2008), Hugo (2011), Ender's Game (2013), en The Space Between Us (2017). 2008: The Boy in the Striped Pajamas 2011: Hugo 2013: Ender's Game 2014: A Brilliant Young Mind 2015: 10,000 Saints 2016: Miss Peregrine's Home for Peculiar Children 2017: The Space Between Us 2017: The House of Tomorrow 2018: Time Freak 2018: Slaughterhouse Rulez The Liar The Modern Ocean 2019: Sex Education 2009: Friendship Beyond the Fence 2012: The Mechanical Man at the Heart of 'Hugo' 2012: Sacha Baron Cohen: Role of a Lifetime Asa Butterfield in die Internet-rolprentdatabasis Asa Butterfield op Twitter Asa Butterfield op Facebook Asa Butterfield op Instagram
385012
'n Dinastie is 'n reeks heersers van dieselfde familie, gewoonlik in die verband van 'n feodale of monargistiese stelsel, maar dit kom ook soms in 'n republiek voor. Alternatiewe terme vir dinastie is onder meer "huis", "familie" en "clan". Die langs bestaande dinastie in die wêreld is die keiserlike huis van Japan, andersins bekend as die Yamato-dinastie, wat van 660 v.C. regeer het en sedert 781 v.C. in rekords verskyn. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
140378
Mkhuleko Hlengwa (gebore 12 Junie 1987) is Suid-Afrikaanse politikus. Hy is sedert Mei 2012 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Inkatha-Vryheidsparty. Hy is ook die IVK se nasionale woordvoerder en die voormalige hoof van die party se jeugbrigade. Hlengwa is die huidige voorsitter van die Staande Komitee vir Openbare Rekeninge in die parlement. "Jong IVP-LP nuwe Skoor-voorsitter". Maroela Media. 21 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 7 Junie 2020. (en) Mr Mkhuleko Hlengwa. People's Assembly. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
208616
Joseph Gordon-Levitt (gebore 17 Februarie 1981) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Inception (2010), 50/50 (2011), Looper (2012), en Don Jon (2013). 1994: Holy Matrimony 1996: The Juror 1998: Sweet Jane 1999: 10 Things I Hate About You 2000: Forever Lulu 2001: Manic 2002: Treasure Planet 2004: Mysterious Skin 2005: Brick 2007: The Lookout 2008: Killshot 2008: Stop-Loss 2008: Uncertainty 2009: 500 Days of Summer 2010: Inception 2010: Elektra Luxx 2010: Hesher 2011: 50/50 2012: Looper 2012: Lincoln 2012: Premium Rush 2013: Don Jon 2014: Sin City: A Dame to Kill For 2015: The Walk 2015: The Night Before 2016: Snowden Fraggle Rock: The Movie Sovereign In Sight Wingmen K Troop 7500 Untitled Henry Joost/Ariel Schulman Sci-Fi Project 1991: Dark Shadows 1992: The Powers That Be 1996: 3rd Rock from the Sun 2009: In Character With... 2012: Metaphysical Milkshake 2012: Rotten Tomatoes 2014: HitRECord on TV 2015: MTV After Hours with Josh Horowitz 2017: Comrade Detective 1995: The Great Elephant Escape 2006: Building 'Brick' 2008: The Making of 'Stop-Loss' 2009: The Big Bang Theory: The Making of 'G.I. Joe' 2009: Not a Love Story: Making (500) Days of Summer 2009: Summer at Sundance 2010: Dreams: Cinema of the Subconscious 2010: Inception: The Cobol Job 2010: Inception: Jump Right Into the Action 2012: Premium Rush: The Starting Line 2012: Premium Rush: Behind the Wheels 2013: Looper: The Future from the Beginning 2013: Looper: The Science of Time Travel 2016: First Steps: Learning to Walk the Wire 2016: The Amazing Walk 2016: The Walk: Pillars of Support 2016: Snowden Live Joseph Gordon-Levitt in die Internet-rolprentdatabasis
107018
Animal Farm (in Afrikaans vertaal as Die opstand) is 'n satiriese roman deur die Britse skrywer George Orwell. Die verhaal kan as 'n fabel of allegorie gesien word en handel oor die Russiese Rewolusie en die kommunistiese samelewing. Die boek is tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf en in 1945 gepubliseer, hoewel dit tot die einde van die 1950's relatief onbekend was. Dit word tans as 'n klassieke werk beskou. Dit is in Afrikaans vertaal en verwerk deur Taboureux Bruwer met die titel Die opstand. In Animal Farm kritiseer Orwell die totalitêre politieke stelsel van die Sowjetunie na die Oktoberrevolusie. Hy skryf dit na aanleiding van sy waarnemings van Stalinistiese kommuniste tydens die Spaanse Burgeroorlog. Sy ervaringe gedurende die stryd stel hy in Saluut aan Katalonië te boek. Time-tydskrif het die boek gekies as een van die 100 beste Engelstalige romans (1923 tot 2005); dit verskyn ook op nommer 31 op die moderne biblioteeklys van beste romans uit die 20ste eeu. Die boek het 'n Hugo-toekenning in 1996 gewen en is opgeneem in die Great Books of the Western World-keuring.
124716
Bill Istvan Günther Skarsgård (gebore 9 Augustus 1990) is 'n Sweedse akteur, bekend vir sy rolle in Simple Simon, Allegiant, It, en Hemlock Grove. Skarsgård is gebore op 9 Augustus 1990 in Vällingby, Swede, as die seun van die akteur Stellan Skarsgård en sy eerste vrou, My Sonja Marie Agnes. Bill het sewe broers en susters: Alexander, Gustaf, Sam, Valter, Ossian, Kolbjörn, en Eija. Drie van hulle, Alexander, Gustaf, en Valter, is ook akteurs. Ossian en Kolbjörn is halfbroers van 'n latere huwelik tussen Stellan Skarsgård en Megan Everett. In 2011 is Skarsgård genomineer vir 'n Guldbagge Toekenning vir sy hoofrol as Simon in Simple Simon. In 2012 wen hy die Europese Filmakademie se Shooting Stars-toekenning op die ouderdom van 21. In April 2014 verskyn Skarsgård op die voorblad van Hero, 'n tweejaarlikse mansmode-en-kultuurtydskrif, gefotografeer deur Hedi Slimane. In die uitgawe het sy pa met hom 'n onderhoud gevoer. Hy speel as Matthew in die wetenskapfiksieriller The Divergent Series: Allegiant (2016), sy eerste groot Amerikaanse fliek.
223123
Diane Guerrero (gebore 21 Julie 1986) is 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Festival (2011), Emoticon ;) (2014), en My Man Is a Loser (2014), en in die televisiereeks Orange Is the New Black (2013). 2011: Festival 2014: Emoticon ;) 2014: My Man Is a Loser 2015: Peter and John 2016: Happy Yummy Chicken 2018: Killerman The Godmother 2013: Orange Is the New Black 2017: Superior Donuts 2019: Doom Patrol 2015: Super Clyde Distefano In the Country We Love Diane Guerrero in die Internet-rolprentdatabasis Diane Guerrero op Twitter Diane Guerrero op Instagram
82469
The Replacements was 'n Amerikaanse musiekgroep wat in Minneapolis, Minnesota deur Paul Westerberg (stem, kitaar), Bob Stinson (kitaar), Tommy Stinson (baskitaar), en Chris Mars (tromme) gestig is. Slim Dunlap het Bob Stinson in 1987 vervang. Sorry Ma, Forgot to Take Out the Trash (1981) Stink (EP) (1982) Hootenanny (1983) Let It Be (1984) Tim (1985) Pleased to Meet Me (1987) Donot Tell a Soul (1989) All Shook Down (1990) Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
90061
Die Su-27 (NAVO-naam Flanker) is 'n tweemotorige supermanuvreerbare aanvalsvliegtuig ontwerp deur Soechoi in die Sowjetunie. Dit is bedoel as 'n direkte mededinger vir die groot Verenigde State vierde-generasie vegters, met 3 530 km reikafstand, swaar wapentuig, gesofistikeerde avionika en hoë beweegbaarheid. Die Su-27 vlieg meestal lugoppermagsmissies, maar die moderner weergawes is in staat om byna al die gevegsoefeninge uit te voer. Aanvullend tot die kleiner MiG-29, is die Su-27 die naaste eweknie aan die Amerikaanse F-15 Eagle. Die Su-27 tree in diens van die Sowjetlugmag in 1985. Vandag word dit steeds operasioneel ontplooi deur die Russiese Lugmag, maar ook voormalige Sowjetstate en in bondgenote van dié lande. Lys van vegvliegtuie Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Soechoi Su-27.
87748
Die Río Paraguay (Guaraní: Ysyry Paraguái, Portugees: Rio Paraguai), is 'n groot suid-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 621 km, is die grootste sytak van die Río Paraná. Die naam van die rivier beteken "water wat na die oseaan vloei" en is afgelei van die Guarianiaanse woord pará (oseaan), gua (na) en y (water). Die Río Paraguay is die langste en grootste rivier van Paraguay, die belangrikste hawestad is Asunción. Die Río Paraguay ontspring in die Parecis-plato in die deelstaat Mato Grosso, sowat 115 km noord van Cuiabá. Aansluitend vloei die rivier in suidelike rigting, net oos van die grens tot Bolivië. Dit vorm aansluitend die grens tussen Brasilië en Paraguay. Later vloei die rivier vir 400 km van noord tot suid deur Paraguay. In die hoofstad Asunción mond die Río Pilcomayo in die Río Paraguay uit. Aansluitend vorm die rivier die grens tussen Paraguay en Argentinië. Net noord van Corrientes en Resistencia mond die rivier in die Río Paraná uit. Hier is die laagste punt van die land Paraguay geleë.
209140
Caleb Landry Jones (gebore 7 Desember 1989) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente X-Men: First Class (2011), Contraband (2012), Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (2017), en Get Out (2017). 2011: X-Men: First Class 2011: Summer Song 2012: Contraband 2012: Byzantium 2012: Antiviral 2014: Queen & Country 2014: Heaven Knows What 2015: Stonewall 2017: Three Billboards Outside Ebbing, Missouri 2017: Get Out 2018: To the Night 2018: Friday's Child 2018: Welcome the Stranger 2018: The Kindness of Strangers The Outpost The Split Tongue 2012: Under the Radar: The Making of 'Contraband' 2017: American Made: In the Wings Caleb Landry Jones in die Internet-rolprentdatabasis
100558
Wrangeleiland (Russies: О́стров Вра́нгеля, Ostrof Wrangelja) is ’n eiland aan die Oos-Siberiese kus in die Noordelike Yssee. Dit lê by die 180°-meridiaan. Die internasionale datumgrens is by dié lengtegraad ooswaarts geskuif sodat dit nie deur die eiland en deur die Tsjoekotka-skiereiland op die Russiese vasteland loop nie. Die naaste land aan Wrangeleiland is die klein, rotsagtige Heraldeiland 60 km oos daarvan. Die naaste deel van die vasteland is 140 km van die eiland af. Wrangeleiland is vermoedelik die laaste plek op aarde waar mammoete oorleef het. Feitlik die hele Wrangeleiland, en Heraldeiland, is sedert 1976 ’n hoogs beskermde natuurgebied en die enigste menslike bedrywighede wat toegelaat word, is wetenskaplik van aard. Net vier bewaarders woon sedert 2003 op die eiland. Benewens hulle is daar sowat 12 wetenskaplikes wat in die somer daar navorsing doen. Die eiland is sowat 125 km breed en beslaan ’n oppervlakte van 7 600 km2. Dit bestaan uit ’n suidelike kusvlakte van tot 15 km breed, ’n sentrale gordel van berge en ’n noordelike kusvlakte van tot 25 km breed.
105190
Nyabêla (1825/30 – 1902) in Afrikaans ook bekend as Niabel, was gedurende die negentiende eeu 'n opperhoof van die Ndzundza-Ndebele. Hy word onthou vir sy stryd teen blankes vir beheer oor sy stam se eie grondgebied. Nyabêla se voorsate het waarskynlik in die sestiende of sewentiende eeu vanaf die suidooskus van Afrika na die Hoëveld verhuis en hulself naby die latere Pretoria gevestig. Hierdie mense is later die Ndebele van Transvaal genoem. Deesdae noem ons hulle die Ndebele van Suid-Afrika. Een van hul hoofmanne, Ndzundza, het na die Steelpoortvallei in Mpumalanga verhuis. Na vele ontberings het hierdie deel van die stam by 'n plek langs die Steelpoortrivier genaamd Nomtshagelo gaan bly. Nomtshagelo is later opgemeet as die plaas Mapochsgronde. Dit omring die huidige dorpie Roossenekal. Nyabêla se pa, Mapoch (deesdae Mabhoko of Mapog genoem) was die hoofman van die stam toe die emigrante (later Voortrekkers of Boere genoem) in 1845 die gebied binnegedring het. In 1860 het die Boere vier plase (omtrent die huidige Mapochsgronde) aan die Mapochs (deesdae ook die Mapoggers genoem) toegeken. Maar die gebied wat die stam beset het, was groter en het steeds gegroei.
13625
'n Koninkryk (Latyn: regnum, meervoud regna) in die wêreld van biologie is die hoogste vlak van die wetenskaplike klassifikasie van organismes. (Huidige ontwikkeling in die taksonomie sluit 'n domein klassifikasie in bokant die koninkryke.) Teenwoordig word ses ryke gebruik: Die archaea, prokariote met 16S rRNS (rRNS is ribosomaal-RNS). Die bakterieë, prokariote met 5S rRNS. Die protiste is eenselliges met selkern (eukariote). Die plante. Dit is veelsellige eukariote wat hulle eie voedsel aanmaak d.m.v. fotosintese. Die diere. Dit is veelsellige eukariote wat voedsel ekstern opneem. Sy kan hulle beweeg. Die skimmels. Dit is veelsellige eukariote wat voedsel ekstern opneem. Ook word organismes ingedeel in drie superryke, die archaea, die bakterieë en die eukariote. In die begin was daar ook 'n derde ryk vir die minerale bedink. Die oorspronklike onderverdelinge in taksons word nie meer gebruik nie omdat die insigte hieroor gewysig is. In die werk Systema Naturae, gepubliseer in 1735, het Carolus Linnaeus twee koninkryke van lewende wesens onderskei: die Animalia vir alle diere en die Vegetabilia vir alle plante.
208351
Rhenzy Feliz (gebore 26 Oktober 1997) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Teen Wolf (2011), Casual (2015), en Runaways (2017). 2011: Teen Wolf 2015: Casual 2017: Runaways Rhenzy Feliz in die Internet-rolprentdatabasis
209218
Machine Gun Kelly (gebore as Richard Colson Baker op 22 April 1990) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Beyond the Lights (2014), Why Him? (2016), Nerve (2016), en Bright (2017). 2014: Beyond the Lights 2016: Why Him? 2016: Nerve 2016: Punk's Dead: SLC Punk 2 2017: Bright 2018: Bird Box 2019: Captive State The Dirt Big Time Adolescence 2009: KellyVision 2013: The Show with Vinny 2016: Roadies 2013: Korn's Family Values Live 2014: Steve Aoki Featuring Machine Gun Kelly: Free the Madness 2016: Mod Sun: Shoot Em Down 2016: Machine Gun Kelly: Till I Die in 360 2016: Machine Gun Kelly & Camila Cabello: Bad Things 2017: Machine Gun Kelly: The Gunner 2017: Machine Gun Kelly feat. X Ambassadors & Bebe Rexha: Home 2017: Machine Gun Kelly Feat. Hailee Steinfeld: At My Best 2018: Machine Gun Kelly: Rap Devil "21.
22171
Vanaf 30 September 1991 word Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) in Suid-Afrika gehef. Enige onderneming (ondernemer) wat in twaalf maande se tyd 'n omset van meer as R1 000 000 het, moet by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geregistreer word. Enige onderneming met 'n omset kleiner as R1 000 000 kan ook aansoek doen om registrasie. Indien die jaarlikse omset kleiner is as R50 000, mag die onderneming nie registreer nie. Alle BTW-geregistreerde ondernemings (ondernemers) wat goedere en dienste lewer, moet BTW hef. BTW word gelewer op die meeste goedere en dienste met uitsondering: Lewering van finansiële dienste Lewering van goedere en dienste deur welsynsorganisasies Vervoer van reisbetalende passasiers per bus, huurmotor en trein Opvoedkundige dienste Verhuring van huisvesting vir gebruik as private woning Toegevoegde Waarde bestaan uit die uitgawes aangegaan om produkte of dienste vir verkoop gereed te kry plus die wins wat die handelaar byvoeg. BTW is 'n stelsel van belasting waar belasting gehef word op elke stap in die verskaffing van goedere en dienste - van die verskaffing van die grondstowwe tot by die verkope by die eindpunt.
67509
Lusern (Medicago sativa) is 'n meerjarige plant. Na gelang van die variëteit en klimaat kan dit vyf tot twaalf jaar oud word. Met 'n hoogte tot 1 m en trossies klein blou blomme lyk dit baie soos die Klawer (Trifolium). Die plant het 'n diep en sterk ontwikkelde wortelstelsel wat tot 4,5 m kan uitstrek. Dit help die plant om tydelike droogtes te oorleef. Lusern is inheems aan Europa en word wêreldwyd as veevoer verbou. 'n Lusernveld. Bale lusern. Blom van naby. Sade "Medicago sativa – ILDIS LegumeWeb". ildis.org. Besoek op 7 Maart 2008. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lusern. Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir lusern. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
365303
Hlanganani Siphelele Gumbi (gebore 18 Desember 1989) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, waar hy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig. Hy is die party se skadu-adjunkminister van toerisme. Hy was 'n lid van die KwaZulu-Natalse provinsiale wetgewer tussen 2014 en 2019. Gumbi was 'n raadslid van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit van 2011 tot 2014. (en) Mr Hlanganani Siphelele Gumbi (DA). People's Assembly. URL besoek op 2020-12-17. (en) "DA announces shadow KZN Cabinet". News24. 28 Mei 2014. Besoek op 17 Desember 2020. (en) Head, Tom (5 Junie 2019). "DA's Shadow Cabinet: Dependables return, with a small hint of controversy". The South African. Besoek op 17 Desember 2020. Mnr. Hlanganani Siphelele Gumbi – Parlement van Suid-Afrika Persoonlike webtuiste
46164
Mustafa Kemal Pasha (Ottomaanse Turks: مصطفى كمال پاشا Muṣṭafâ Kemâl Paşa; 1881 – 10 November 1938) was ’n Turkse weermagoffisier, revolusionêre staatsman en die stigter en eerste president van die Republiek van Turkye. Hy het later die bynaam Atatürk, "Vader van die Turke", gekry. Mustafa Kemal het bekend geword as ’n uiters bekwame militêre offisier deur die enigste onoorwonne Ottomaanse aanvoerder te wees tydens die Eerste Wêreldoorlog. Ná die neerlaag van die Ottomaanse Ryk het hy die Turkse nasionale beweging in die Turkse Onafhanklikheidsoorlog gelei. Hy het die magte van die Geallieerdes verslaan en dit het gelei tot die bevryding van die land en die stigting van Turkye. Tydens sy bewind het hy ’n program van politieke, ekonomiese en kulturele hervormings deurgevoer. Hy het die voormalige Ottomaanse Ryk in ’n moderne, demokratiese en sekulêre staat verander. Vroue het byvoorbeeld stemreg gekry, en Arabiese skrif is deur die Romeinse alfabet vervang. Atatürk is gebore as Mustafa. Sy tweede naam, Kemal (wat "volmaaktheid" of "volwassenheid" beteken), is deur sy wiskunde-onderwyser aan hom gegee uit erkenning van sy akademiese prestasies.
137203
Prins van Wallis (Wallies: Tywysog Cymru) was ’n titel wat van die 12de eeu af gegee is aan prinse wat in Wallis gebore is; die term het die vroeëre gebruik van die woord koning vervang. Een van die laaste Walliese prinse, Llywelyn ap Gruffudd, is in 1282 in ’n veldslag deur koning Eduard I van Engeland verslaan. Dié se seun Eduard (wat in Caernarfon-kasteel in Wallis gebore is) is in 1301 aangewys as die eerste Engelse Prins van Wallis. Sedert die 14de eeu word die titel gegee aan die regmatige opvolger van die Britse monarg, maar as hy dit nie kry nie, het dit geen invloed op sy aanspraak op die troon nie. Die titel word as ’n persoonlike eerbewys aan die regmatige troonopvolger gegee en is nie oorerfbaar nie; as die prins koning word, word die titel vakant en kan dit aan iemand anders toegeken word. Die titel Graaf van Chester word altyd saam met die titel Prins van Wallis toegeken. Hy het gewoonlik ook ander titels. Die huidige en langsdienende Prins van Wallis is prins Charles, die oudste seun van koningin Elizabeth II.
116872
Pakistan besit min of geen LGBT-regte. Sedert 6 Oktober 1860 is dit onwettig om deel te neem aan homoseksuele dade (seksuele kontak met 'n persoon van dieselfde geslag) in Pakistan. Anders as in hulle buurland, Indië, is hierdie wet nog nie herroep nie. Homoseksualiteit word ook as taboe beskou in Pakistan. Die vernaamste godsdiensgroepe in Pakistan keur nie homoseksualiteit goed nie. As gevolg hiervan is baie mense in die land gekant teen homoseksualiteit, asook ander vorme van alternatiewe seksuele oriëntasie. Pakistan is amptelik 'n Islamitiese Republiek. Maar in werklikheid is Pakistan grootliks 'n sekulêre (nie-godsdienstige) staat, wat hoofsaaklik Anglo-Saksiese wette van die Britte geërf het. Deesdae is daar tendense (of patrone) van liberalisering (meer liberaal) in die land. Globalisering en sosiale verdraagsaamheid is ook aan die toeneem. As gevolg hiervan, kon openbare gaypartytjies begin plaasvind in die land, en bloei hierdie partye reeds vir 'n aantal jare op. Die Grondwet van Pakistan verwys nie spesifiek na seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit nie. Daar is egter sekere dele in die grondwet wat die regte van Pakistanse LGBT-burgers kan beïnvloed.
223073
Jennifer Grant (gebore 26 Februarie 1966) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Savage (1996) en in die televisiereekse Beverly Hills, 90210 (1990), Time Trax (1993), en Movie Stars (1999). 1996: Savage 1998: My Engagement Party 1998: Erasable You 2000: The View from the Swing 1990: Beverly Hills, 90210 1993: Time Trax 1995: Super Dave's Vegas Spectacular 1999: Movie Stars 2007: My Daughter's Secret Jennifer Grant in die Internet-rolprentdatabasis
86089
Hongkong Internasionale Lughawe (IATA: HKG, ICAO: VHHH), ook bekend as Chek Lap Koklughawe is die lughawe van Hongkong wat op Lantau-eiland by Chek Lap Kok gebou is, en in 1998 geopen is. Dit is een van die voorste lughawens ter wêreld en het die "Wêreldlughawe van die Jaar" toekenning van Skytrax reeds 7 keer in 10 jaar gewen. Dit is die tuishawe van Cathay Pacific, Dragonair, Hong Kong Airlines, Hong Kong Express Airways en Air Hong Kong (vragdraer). Dit is die derde besigste lughawe in terme van die passasiers in Asië en die besigste in die wêreld in terme van vragverkeer. Die lughawe het 'n hoogs gevorderde snelweg- en spoorwegstelsel wat dit verbind met Hong Kongstad. Die bouprojek was een van die grootste in die wêreld en het op Discovery Channel se "Tien grootste moderne projekte van die wêreld" verskyn. Dit is ontwerp deur die bekende argitek Norman Foster. Die doel van die lughawe was om die opeenhoping van verkeer, wat die ou Kai Tak Lughawe nie kon hanteer nie, te verlig.
220837
Erin Daniels (gebore 9 Oktober 1973) is 'n Amerikaanse aktrise, regisseuse, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente House of 1000 Corpses (2003), A Single Man (2009), en The Bling Ring (2013), en in die televisiereeks The L Word (2004). 2003: House of 1000 Corpses 2009: A Single Man 2011: Few Options, All Bad 2012: Joshua Tree, 1951: A Portrait of James Dean 2013: The Bling Ring 2018: Animal Among Us 2018: De'Vyne 2004: The L Word 2004: TV Talk 2006: Julie Reno, Bounty Hunter 1998: USMA West Point 1999: The Disciples 2007: 10th Annual Ribbon of Hope Celebration 2012: Like Father 2017: Happy Pride! Sexy LGBT Stars Erin Daniels in die Internet-rolprentdatabasis
140300
Dean Macpherson (gebore 2 Februarie 1985) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Dean Macpherson op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
127
Habeas corpus is 'n Latynse regsterm wat letterlik beteken, "het jy die liggaam". Dit is 'n baie ou beginsel van die Engelse gemenereg - ouer as die Magna Carta - en regstelsels wat daarop gebou is. Dit is geformaliseer deur die Britse parlement in 1697 deur die Habeas Corpus Act. Dié reg plaas 'n verpligting op die staat om (A) te kenne te gee wanneer 'n persoon aangehou word; en (B) die aangehoudene voor 'n hof te laat verskyn en aan te toon waarom dié persoon aangehou moet word. Onlangse verwikkelinge in die teenterrorisme-wetgewing en administratiewe praktyke van lande soos die VSA het volgens vele regskenners die reg Habeas Corpus sterk ingeperk.
286093
Günther Rall (10 Maart 1918 - 4 Oktober 2009) was 'n hoogs gedekoreerde Duitse militêre lugvaartuig, offisier en generaal, wie se militêre loopbaan byna veertig jaar duur. Rall was die derde suksesvolste vegvlieënier in die lugvaartgeskiedenis, agter Gerhard Barkhorn, wat tweede is, en Erich Hartmann, wat eerste is. Rall is in Maart 1918 in Gaggenau, die Duitse Ryk, gebore. Rall het in die Weimar Republiek grootgeword. In 1933 het die Nazi-party die mag oorgeneem en het Rall, wat op 'n militêre loopbaan besluit het, in 1936 by die Wehrmacht (Nazi-Duitse weermag) aangesluit om as infanteriesoldaat (Landser) op te lei. Rall is kort daarna na die Luftwaffe oorgeplaas en hy kwalifiseer in 1938 as vegvlieënier. In September 1939 begin die Tweede Wêreldoorlog met die Duitse inval in Pole. Rall is aan Jagdgeschwader 52 (JG 52 — Fighter Wing 52) opgedra en het in die Phoney War-tydperk aan die Westelike Front gevegspatrollies gevlieg. Rall het in die Slag om Frankryk en die Slag om Brittanje gevegsopdragte gevlieg en geëis dat een vyandelike vliegtuig in Mei 1940 vernietig is.
68618
Sir Clive Marles Sinclair (30 Julie 1940 – 16 September 2021) was 'n Engelse entrepreneur en uitvinder wat veral in die laat 1970's en vroeë 1980's met sy ontwikkelings op die gebied van verbruikerselektronika bekendheid verwerf het, waaronder die eerste sakrekenaar, die Verenigde Koninkryk se eerste digitale horlosie, tuisrekenaars en draagbare televisietoestelle. Nadat hy enkele jaar lank as assistentredakteur van Practical Wireless en Instrument Practice werksaam was, het Sinclair in 1961 sy eie onderneming, Sinclair Radionics, gestig waar hy in 1972 met die Sinclair Executive die eerste plat sakrekenaar ter wêreld ontwikkel en vervaardig het. Sinclair het hom later op die vervaardiging van tuisrekenaars toegespits en die Sinclair ZX80 ontwikkel, die Verenigde Koninkryk se eerste tuisrekenaar wat op die massamark gemik is en vir minder as £100 verkoop is. Dit is opgevolg deur Sinclair Research se ZX81 en ZX Spectrum-rekenaars. Die laasgenoemde sou in die vroeë dae van die Britse tuisrekenaarbedryf 'n beslissende rol speel. Sinclair het in 2010 opgemerk dat hy self nie van rekenaars gebruik maak nie en die telefoon bo e-pos verkies.
106914
Jawaharlal Nehru (Hindoestani: [ˈdʒəʋaːɦərˈlaːl ˈneːɦru] luister (hulp·inligting); Kasjmiri: जवाहरलाल नेहरू / جَؤاہَر لال نہروُ; Allahabad, 14 November 1889 – Nieu-Delhi, 27 Mei 1964) was 'n sleutelfiguur in die onafhanklikheidsbeweging van Indië. Na die onafhanklikheid van Indië word hy die land se eerste premier. Tydens die naoorlogse periode was hy een van die stigters en leiers van die Beweging van Onverbonde Lande. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jawaharlal Nehru. Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.