id
stringlengths
1
5
translation
translation
200
{ "af": "Ek wil veral die mynbedryf loof vir die manier waarop hulle ons en die ekonomie behulpsaam was om 'n werklike krisis wat ons op 24 Januarie getref het, op te los. Ons sal almal saamwerk om die negatiewe uitwerking wat hierdie gebeure op die ekonomie gehad het, hok te slaan.", "en": "I particularly want to pay tribute to the mining industry for the way in which they have assisted us and the economy to resolve a real crisis that hit us on the 24th of January. We will all work to minimise the adverse impact these events had on the industry." }
201
{ "af": "Gesamentlike pogings en beraadslaging is die kern in ons antwoord op hierdie noodtoestand. Taakspanne is tans werksaam in baie gebiede. Aanstaande week sal die provinsiale premiers met die burgemeesters vergader om energiebesparingsmaatreëls te beplan en te implementeer in al die munisipaliteite regoor die land. Hulle sal ondersteun word deur die tegniese spanne van EDI Holdings, Eskom en die Nasionale Agentskap vir Energiedoeltreffendheid. Die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering sal hierdie aktiwiteite koördineer en sal bygestaan word deur die departemente van minerale en energiesake en van openbare ondernemings.", "en": "Collective effort and consultation are at the centre of our response to the emergency. Task teams are currently working in many areas. Next week the Provincial Premiers will convene their fora with mayors to plan and implement the energy saving measures in all the municipalities across the country. They will be supported by technical teams from EDI Holdings, Eskom and the National Energy Efficiency Agency. The Department of Provincial and Local Government will co-ordinate this activity supported by the line Departments of Mineral and Energy and Public Enterprises." }
202
{ "af": "Ek sal 'n vergadering belê met die Gesamentlike Presidensiële Werkgroepe om ons oorkoepelende aksies te koördineer, en ons sal ook binnekort 'n span van \"Energiekampioene\"' aankondig wat sal bestaan uit vooraanstaande en kundige Suid-Afrikaners wat die Regering gaan bystaan met die energiedoeltreffendheidsveldtog en wat beleggers en gemeenskappe op hoogte sal hou van die werklike situasie en hoe hulle kan bydra om ons huidige uitdagings aan te spreek.", "en": "I will convene a meeting of the Joint Presidential Working Groups to co-ordinate our overall actions. I will also shortly announce a team of 'Energy Champions' consisting of prominent and knowledgeable South Africans who will assist government with the energy efficiency campaign and inform investors and communities on the actual situation and how they can help to address our current challenges." }
203
{ "af": "Tydens sy Begrotingsrede sal die Minister van Finansies meer inligting verskaf ten opsigte van die ondersteuning wat die Regering sal bied aan die energiedoeltreffendheidsveldtog en aan Eskom en sy bouprogram.", "en": "The Minister of Finance will provide more information in the Budget speech on the support that the government will provide for the energy efficiency campaign and to Eskom in its build programme." }
204
{ "af": "Ons staar 'n noodtoestand in die gesig, maar ons kan die probleme in 'n relatiewe kort tydjie oorbrug. Hierdie situasie het die onvermydelike besef dat die tydperk van goedkoop en voldoende elektrisiteit op 'n einde is, verhaas. In die lig van ons groot basis van geïnstalleerde opwekkingskapasiteit, sal ons ekonomie egter nog vir geruime tyd een van die min ekonomieë wees met bekostigbare elektrisiteit.", "en": "We face an emergency but we can overcome the problems in a relatively short period. This situation has precipitated the inevitable realisation that the era of very cheap and abundant electricity has come to an end. However, given our large base of installed generation capacity, for a long time to come ours will remain amongst the few economies with affordable electricity." }
205
{ "af": "Ons ekonomie is gebaseer op ons minerale hulpbronne. Ons moet dus voortgaan om die mynbedryf te ondersteun. Dit is onvermydelik dat, indien ons voortgaan om te groei as 'n vervaardigingsland, ons ook sal moet voortgaan om die prosesseringsbedryf te ondersteun. Dit is egter noodsaaklik dat alle ondernemings meer energiedoeltreffend word. Energiedoeltreffendheid het inderdaad ekonomiese geleenthede tot gevolg.", "en": "We are a minerals resource economy. We must therefore continue to support the mining industry. It is inevitable that if we are to continue on our growth path as a manufacturing country, we will also have to continue supporting the processing industry. However it is imperative that all enterprises become more energy efficient. Indeed, energy efficiency itself provides economic opportunity." }
206
{ "af": "Laat ons dus hierdie noodtoestand gebruik om die eerste boublokke te lê van die noodsaaklike energiedoeltreffende toekoms wat ons nie kan vermy nie. Kom ons verseker dat almal aan boord is om die ontwrigtings wat ons getref het, aan te spreek, geïnspireer deur die wete dat ons omstandighede nou vra vir \"Besigheid Buitegewoon\"!", "en": "Let us therefore use this emergency to put in place the first building blocks of the essential energy efficient future we dare not avoid. Let us ensure that all hands are on deck to address the turbulence that has hit us, inspired by the approach that our circumstances call for Business Unusual!" }
207
{ "af": "Dit is presies dieselfde benadering wat ons moet aanneem terwyl ons voortgaan met voorbereidings om as gasheer op te tree tydens die FIFA Konfederasiebeker-toernooi in 2009 en die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat 854 dae van nou af sal afskop. Ek verwys vandag na hierdie belangrike gebeurtenis, want die uitdagings wat ons tans in die gesig staar het daartoe gelei dat sommige mense elders in die wêreld weereens wonder of ons in staat is om hierdie toernooie suksesvol aan te bied.", "en": "This is exactly the same approach we must adopt as we continue to prepare to host the FIFA Confederations Cup in 2009 and the 2010 FIFA Soccer World Cup which will kick off in our country 854 days from today. I mention this important matter here because the current challenges we are facing have led some elsewhere in the world once more to question whether we will be able to host these tournaments successfully." }
208
{ "af": "Ek twyfel natuurlik glad nie dat ons ons beloftes sal gestand doen aan FIFA en die wêreldgemeenskap van sokkerspelers en -liefhebbers nie om al die nodige omstandighede te skep om die beste FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi ooit aan te bied.", "en": "Of course, I have absolutely no doubt that we will honour our undertaking to FIFA and the world community of soccer players and lovers to create all the necessary conditions for the holding of the best ever FIFA Soccer World Cup tournament." }
209
{ "af": "Die indruk wat ons kry onder alle sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en oor ons grense heen, en wat verteenwoordig word deur die werklike daaglikse vooruitgang wat gemaak word in ons algehele voorbereidings is een van \"Besigheid Buitegewoon\": almal aan boord vir 2010! En ons moet seker maak dat ons hierdie benadering volhou.", "en": "The sense that we get, across all sectors of South African society and further afield, represented by the actual daily progress we are making in terms of our all-round preparations, is one of - Business Unusual: all hands on deck for 2010! We must ensure that we sustain this approach." }
210
{ "af": "Ons is heeltemal bewus daarvan dat 'n kritieke bestanddeel van ons voorbereidings die bou is van 'n sterk Suid-Afrikaanse span op wie ons en die hele sokkergemeenskap trots kan wees. Ek is seker dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, ons afrigters onder leiding van Carlos Alberto Parreira, en die spelers self bewus is van die geweldige verantwoordelikheid wat op hul skouers rus om 'n nasionale span voor te berei waarop ons en Afrika trots kan wees.", "en": "We are fully aware that a critical element of our preparations should be the building of a strong South African team which will do us and the whole of the football fraternity proud. I am certain that the South African Football Association, our coaches led by Carlos Alberto Parreira, and the players are aware of the heavy responsibility they carry to prepare a national team of which both we and Africa should be proud." }
211
{ "af": "Ek wil weereens die Springbokke bedank wat die aanvoorwerk gedoen het toe hulle die Rugbywêreldbeker verlede jaar gewen het. Dit moet Bafana Bafana inspireer, net soos wat dit ons atlete wat in die Beijing Olimpiese Spele later vanjaar deelneem, moet inspireer.", "en": "Once more we thank the Springboks for showing the way when they won the Rugby World Cup last year. This must inspire Bafana Bafana, as it must inspire our athletes who will compete in the Beijing Olympic Games later this year." }
212
{ "af": "Veroorloof my om aan te beweeg na die top-prioriteite wat ek genoem het.", "en": "Let me now turn to the Apex Priorities I mentioned." }
213
{ "af": "Om ons ekonomiese groei en ontwikkeling nog verder te bespoedig, sal ons die Industriële Beleidsaksieplan implementeer. Die Regering sal voortgaan met ons industrialiseringsprogram en om geleenthede te skep vir groei en werkskepping. In hierdie opsig, is R2,3 biljoen begroot vir nywerheidsbeleidinisiatiewe en 'n verdere R5 biljoen belastingaansporings oor drie jaar sal die nywerheidsbeleid ondersteun.", "en": "Further to accelerate our economic growth and development we will implement the Industrial Policy Action Plan. Government will continue our industrialisation programme and continue to create opportunities for growth and employment-creation. In this regard, R2,3 billion has been budgeted for industrial policy initiatives and a further R5 billion in tax incentives over three years will support industrial policy." }
214
{ "af": "Ons sal ook, so gou moontlik en in samewerking met die besigheid- en arbeidsektor, sleutelaksieplanne ontwikkel in sektore waar sulke planne nie bestaan nie, byvoorbeeld myn- en mineraleveredeling, duursame goedere vir verbruikers, die kleinhandel met die klem op verbeterde ondersteuning van kleinsake-ondernemings, konstruksie, die skeppende nywerhede, landbou en agro-prosessering.", "en": "Working together with business and labour, we shall also develop as urgently as possible, key action plans in sectors where such plans do not exist, such as mining and minerals beneficiation, consumer durables, retail with a focus on improving support to small enterprises, construction, the creative industries, agriculture and agro-processing." }
215
{ "af": "Ek wil weereens benadruk dat ons vasbeslote bly om die motorvoertuigsektor te ondersteun en dus sal verseker dat die ondersteuning wat aan hierdie sektor verleen word deur middel van die Motornywerheidsontwikkelingsprogram volhou word.", "en": "Once more I would like to emphasise that we remain determined to support the automotive sector and will therefore ensure that the support given to this sector through the Motor Industry Development Programme is maintained." }
216
{ "af": "Op makro-ekonomiese vlak sal ons voortgaan om 'n fiskale beleid vol te hou wat voortdurende ekonomiese groei en ontwikkeling ondersteun en ons eksterne kwesbaarheid verminder.", "en": "At the macro-economic level, we will continue to maintain a fiscal posture that supports continued economic growth and development and reducing our external vulnerability." }
217
{ "af": "Om die bou van infrastruktuur te bespoedig sal ons die ontwikkeling van 'n geïntegreerde infrastruktuurplan finaliseer, met spesifieke klem op energiedoeltreffendheid. Dit behels die koördinering van staatsondernemings se planne en toesig oor al die infrastruktuurplanne, insluitend vrag en ander logistiek, energiepypleidings, inligting- en kommunikasietegnologie, paaie-infrastruktuur, en water en elektrisiteit, ten opsigte van beide hul tydsberekening en geografiese ligging.", "en": "To speed up the process of building infrastructure we will finalise the development of an integrated infrastructure plan, with specific emphasis on energy efficiency. This entails co-ordinating the programmes of the State-owned Enterprises and overlaying all the infrastructure plans, including freight and other logistics, energy pipelines, information and communications technology, road infrastructure, water and electricity, both in terms of their timing and geographic location." }
218
{ "af": "Oorkoepelend aan hierdie planne en dus 'n kritiese prioriteit, is inligting- en kommunikasietegnologie wat beide 'n fasiliteerder en 'n sektor in eie reg is. Ons sal dus vanjaar die lisensiëring en inwerkingstelling van Infraco afhandel. Geld is reeds aan Sentech toegewys om 'n koordlose Internetgroothandelaar te word en om sy digitasie te finansier. In samewerking met ander regerings op die kontinent en met die privaatsektor, sal ons die proses om kabels onder die see aan te lê, afhandel.", "en": "Cutting across these plans, and therefore a critical priority, is information and communications technology both as a facilitator and a sector in its own right. Accordingly, we will this year complete the licensing and operationalisation of Infraco. Already, money has been allocated for Sentech to become a wireless internet wholesaler as well as finance its digitisation. Working with other governments on the continent and the private sector, we will complete the process to launch the undersea cables." }
219
{ "af": "Terselfdertyd beoog ons om digitale uitsending aan 50% van die bevolking beskikbaar te stel teen die einde van die jaar. Hiermee gepaardgaande is 'n vervaardigingstrategie vir die ontwikkeling van \"set top boxes\" in Suid-Afrika, wat teen die middel van die jaar gefinaliseer behoort te wees.", "en": "At the same time, we aim to provide digital broadcasting to 50% of the population by the end of the year. Attached to this will be a manufacturing strategy for the development in South Africa of Set Top Boxes, which should be finalised by the middle of the year." }
220
{ "af": "In die lig van die traagheid waarmee die Regering aansoeke verwerk ten opsigte van beleggings met betrekking tot aangeleenthede soos grondverkryging, infrastruktuur en omgewingsimpakevaluerings - waarvan almal somtyds beleggers se besluite positief of negatief kan beïnvloed - het ons besluit, in die gees van \"Besigheid Buitengewoon\", om so gou moontlik 'n inbelsentrum op te rig sodat beleggers en die Regering hierdie prosesse kan moniteer. Werk het alreeds begin.", "en": "Having noted that the tardiness with which government processes applications for investment in relation to issues such as land acquisition, infrastructure and environmental impact assessments can at times make or break investor decisions, we have decided, in the spirit of Business Unusual, work is progressing urgently to set up a call centre through which prospective investors and government can track these processes." }
221
{ "af": "'n Element van die Regering se top-prioriteite is 'n doelbewuste fokus op aangeleenthede rakende die ontwikkeling van vaardighede. Die hersiening van die Nasionale Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie sal hierdie jaar afgehandel word, en die projekte wat onderneem is deur die gesamentlike span wat bestaan uit regering-, arbeid-, besigheid- en akademiese instellings, en wat gereël word deur die \"Joint Initiative on Priority Skills Acquisition\" (Jipsa), sal verskerp word.", "en": "An element of government's Apex of Priorities will be deliberate focus on matters of skills development. Work to review the National Human Resource Development Strategy will be completed this year, and the projects that the joint team of government, labour, business and academic institutions organised under the Joint Initiative on Priority Skills Acquisition (JIPSA) will be intensified." }
222
{ "af": "Ons voel inderdaad bemoedig deur die goeie reaksie vanuit die privaatsektor, soos gedemonstreer deur die onderneming van die hoof uitvoerende beamptes van 70 van die maatskappye wat op die Johannesburg Securities Exchange gelys is, om saam met die Regering te werk om die uitdaging van skaars vaardighede aan te spreek.", "en": "Indeed, we are greatly encouraged by the good response from the private sector as demonstrated through the commitment by the CEOs of 70 of the JSE-listed companies to work with government in addressing the challenge of scarce skills." }
223
{ "af": "Bykomend tot hierdie onderneming is ons prioriteit gedurende die komende tydperk ook verdere ingrypings in die voortgesette onderwys- en opleingskolleges (VOO-kolleges), die sektorale onderwys- en opleingsowerhede (SETAs), befondsing van skole in die laagste drie kwintiele sodat hulle vrygeskeld kan word van die verantwoordelikheid om fondse te verhaal, en die bespoediging van indiensopleiding vir professionele gegradueerdes.", "en": "In addition to this work we will in the coming period prioritise further interventions in the further education and training (FET) colleges, the sector education and training authorities (SETAs), resourcing schools in the lowest three quintiles, freeing them from the responsibility to charge fees, and speeding up on-the-job training for professional graduates." }
224
{ "af": "Nadat die tekortkominge wat ons verelde jaar in ons Basiese Volwassene-Opleidingsprogram uitgelig het, reggestel is, gaan ons hierdie maand die Kha Ri Gude (kom ons leer) massa geletterdheidsveldtog van stapel stuur. Ingesluit is die opleiding van meesteropleiers wat basiese geletterdheidsklasse vir 300 000 volwassenes en jong mense sal aanbied in 2008.", "en": "Further, after correcting weaknesses in our Adult Basic Education programme, which we identified last year, we shall this month launch the Kha Ri Gude (let us learn) mass literacy campaign. This will include the training of master trainers who will provide basic literacy classes to 300 000 adults and youth in 2008." }
225
{ "af": "Mevrou die Speaker en Voorsitter;", "en": "Madame Speaker and Chairperson" }
226
{ "af": "Die kern van ons ekonomiese programme was, en moet altyd wees, die oorweging of die sukses daarvan bydra om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter, en of die programme dien as 'n belangrike wapen in ons oorlog teen armoede en in die versnelling van ons strewe om doelwitte soos die afname in werkloosheid te bereik en om die doelwit van gesondheid vir almal te bevorder.", "en": "At the centre of our economic programmes is, and should always be, the consideration whether their success is helping to improve the quality of life of all South Africans, acting as an important weapon in our War on Poverty and accelerating our advance towards the attainment of such objectives as the reduction of unemployment and advancing the goal of health for all." }
227
{ "af": "Ten opsigte van die program om volhoubare menslike huisvesting te verskaf, is ons nou in staat om 260 000 behuisingseenhede per jaar te voorsien, en 'n ooreenkoms is bereik met Salga om 'n moratorium te plaas op die verkoop van grond wat aangewend kan word vir die behuisingsprogram.", "en": "In the programme to provide sustainable human settlements, we are now able to provide 260 000 housing units per annum, and an agreement has been reached with the South African Local Government Association (SALGA) to place a moratorium on the sale of land that can be availed for the housing programme." }
228
{ "af": "Tesame met die vordering wat ons maak ten opsigte van die verskeidenheid van ingrypings wat op die vermindering van armoede gerig is, gaan ons voort om 'n aantal tekortkominge aan te spreek, insluitend die prosessering van die Konsepwet op Grondgebruik, die finalisering van grondhervormingsgevalle, die ondersteuningsprogram vir diegene wat grond bekom, en die ontwikkeling en implementering van 'n vasgestelde landelike ontwikkelingsprogram.", "en": "Along with the progress we are making in the variety of interventions focused on poverty reduction, we continue to address a number many weaknesses, including the processing of the Land Use Management Bill, the finalisation of the land restitution cases, the support programme for those who acquire land, and the development and implementation of a determined rural development programme." }
229
{ "af": "Hierdie is 'n paar van die aangeleenthede wat vanjaar spesiale aandag sal geniet, en wat sal verseker dat ons die doelwitte wat ons vir onsself daargestel het, bereik.", "en": "These are some of the issues to which we will pay special attention during this year, and ensure that we meet the targets we have set ourselves." }
230
{ "af": "Nog 'n kritiese top-prioriteit is die uitbreiding van 'n geïntegreerde en omvattende anti-armoedestrategie wat veral diegene in die bevolking aanspreek wat die ergste geraak word. Dit sluit in kinders, vroue, jongmense, mense wat in landelike gebiede en informele nedersettings woon, mense met gebreke of kroniese siektes, en bejaardes.", "en": "Yet another critical Apex Priority is the elaboration of an integrated and comprehensive anti-poverty strategy that addresses especially sections of the population most affected by this scourge. These include children, women, the youth, people living in rural areas and urban informal settlements, people with disabilities or chronic illnesses and the elderly." }
231
{ "af": "Sommige van die belangrikste intervensies is: die uitbreiding van die openbare werke-program, werksubsidies vir direkte werkskepping vir geoogmerkte groepe, verbetering van werksoekvermoë, verbetering van onderwys en opleiding, verbetering van dienste aan en bates van arm gemeenskappe, spesifieke ingrypings in arm huishoudings, en om die doeltreffendheid te verseker van instellings wat vroue en ander sektore ondersteun. Ons sal onder andere ook die geslagskwessie evalueer om alle aspekte wat verband hou met die bemagtiging van vroue, te verbeter.", "en": "Among the key proposed interventions are: expanding the public works programme, employment subsidies for direct job-creation for targeted groups, enhancing employment search capability, improving education and training, improving services and assets among poor communities, specific interventions in poor households, and ensuring effectiveness of institutions supporting women and other sectors. Among others, we will make an evaluation of the gender machinery so as to improve all aspects related to women empowerment." }
232
{ "af": "Gelyklopend met hierdie onderneming is 'n spesiale projek om ingrypings te ondersoek wat nodig is ten opsigte van kwesbare kinders ouer as 14.", "en": "Parallel to this initiative is a special project to examine interventions required to deal with vulnerable children over the age of 14." }
233
{ "af": "Ons moet egter saamstem dat ons gemeenskap en veral die armes nie kan wag vir strategieë en samesprekings en slypskole nie - hoe belangrik hulle ook al mag wees. In elk geval is die meeste van die ingrypings dinge wat die Regering alreeds doen, alhoewel dit nie genoegsaam geïntegreerd is nie. Daarom, in die gees van \"Besigheid Buitengewoon\", is die Regering van plan om vanjaar die veldtog te verskerp om spesifieke individuele huishoudings en individue wat uiters swaarkry, te identifiseer en om intervensies in te stel wat tydens die tussenkomende tyd sal bydra om die verknorsing in daardie individuele huishoudings te verlig.", "en": "But we will all agree that our society, and the poor specifically, cannot wait for strategies and dialogues and workshops – important as these may be. In any case, most of the interventions possible are things that government is already doing though not sufficiently integrated. As such, in the spirit of Business Unusual, government intends this year to intensify the campaign to identify specific households and individuals in dire need and to put in place interventions that will help, in the intervening period, to alleviate their plight in those individual households." }
234
{ "af": "Om dit te doen, benodig ons 'n nasionale oorlogkamer vir die oorlog teen armoede, en waartydens departemente soos maatskaplike ontwikkeling, provinsiale en plaaslike regering, handel en lywerheid, landbou en grondsake, openbare werke, en gesondheid sowel as provinsiale en plaaslike administrasies, byeen sal kom en saam met nie-regeringsorganisasies en -besighede sal werk om die ingrypings wat in spesifieke huishoudings nodig is, te identifiseer en om hulle as 'n noodsaaklikheid te implementeer.", "en": "For this, we will require a National War Room for a War Against Poverty bringing together departments such as Social Development, Provincial and Local Government, Trade and Industry, Agriculture and Land Affairs, Public Works and Health as well as provincial and local administrations, which will work with non-governmental organisations (NGOs) and business to identify the interventions required in specific households and implement them as a matter of urgency." }
235
{ "af": "Ons sal vanjaar aandag skenk aan ander spesifieke prioriteite wat noodsaaklik is vir die land se oorlog teen armoede, in ons strewe na sosio-ekonomiese insluiting. Dit is:", "en": "We shall this year attend to other specific priorities which are critical to the country's war against poverty, in pursuit of socio-economic inclusion. These are:" }
236
{ "af": "* Die bespoediging van grondhervorming met gedetailleerde planne vir grondverkryging, 'n verbetering in die implementering van landbou-ondersteuningsdienste en voedselverskaffing aan huishoudings, en 'n verbetering in die kapitaalbasis en omvang van Mafisa om mikro-krediet te verleen aan hierdie sektor. Groter klem sal geplaas word op gebiede met groot hoeveelhede plaasbewonders en gebiede met hoë uitsettingsyfers, en ons beplan om swart entrepreneurskap in landbouproduksie met 5% per jaar te verhoog. Die oudit van grondeienaarskap sal ook bespoedig word.", "en": "* speeding up land and agrarian reform with detailed plans for land acquisition, better implementation of agricultural support services and household food support, and improving the capital base and reach of the Micro-Agricultural Finance Institutions of South Africa (MAFISA) to provide micro-credit in this sector: focus will be placed on areas of large concentrations of farm dwellers and those with high eviction rates, and we aim to increase black entrepreneurship in agricultural production by 5% per year, and the audit on land ownership will be speeded up;" }
237
{ "af": "* Die Begroting sal voorsiening maak vir 'n verhoging in die maatskapliketoelae-stelsel deur die ouderdom vir ouderdomspensioen gelyk te stel aan 60, en wat gevolglik ongeveer 'n halfmiljoen mans sal bevoordeel.", "en": "* the Budget will provide for an increase in the social grant system by equalising the age of eligibility at 60, thus benefiting about half a million men;" }
238
{ "af": "* Die verskerping van pogings wat alreeds 'n aanvang geneem het om hulp aan koöperatiewe en kleinsake-ondernemings te verleen, veral aan diegene wat vroue insluit, met die klem op die verskaffing van opleiding en markte, en wat blootstelling aan gevestigde ondernemings insluit.", "en": "* intensifying efforts already started to scale up assistance to co-operatives and small enterprises especially those involving women, with emphasis on providing training and markets, including linking them up with established outlets;" }
239
{ "af": "* 'n Verskerping van die Nasionale Jeugdiensprogram wat sal insluit 'n verhoging in die inname in die Militêre Vaardigheidsontwikkelingsprogram van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) van die huidige 4 000 tot 10 000. R700 miljoen is alreeds aan die SANDF bewillig om hierdie program te verskerp.", "en": "* scaling up the National Youth Service programme including a graduated increase of the intake in the Military Skills Development programme of the South African National Defence Force (SANDF) from the current 4 000 to 10 000. R700 million has already been given to the SANDF to start scaling up this programme;" }
240
{ "af": "* Die uitbreiding van die openbare werke-program, wat, deur die vasgestelde doelwitte te oortref, die potensiaal getoon het om meer nuwelinge te absorber. Dit sal insluit 'n verhoogde inname van jongmense in die program om openbare infrastruktuur in stand te hou, die verdubbeling in die aantal kinders wat ingeskryf is vir programme vir vroeë ontwikkeling van kinders (Early Childhood Development) na 600 000 deur die totstandkoming van 1Â 000 nuwe persele met meer as 3 500 praktisyns wat opgelei en in diens geneem is, en deur die aantal versorgers te verhoog. Ongeveer R1 biljoen sal oor die basislyn toegeken word aan programme wat binne die openbare werke-program val.", "en": "* intensifying the Expanded Public Works Programme (EPWP) which, by surpassing the set targets, has shown potential to absorb more entrants: this will include increased intake of young people in the programme to maintain public infrastructure, doubling the number of children enrolled in Early Childhood Development to over 600 000 through 1 000 new sites with more than 3 500 practitioners trained and employed, and increasing the number of care-givers. About R1 billion over the baseline will be allocated to programmes that fall within the EPWP; and, lastly," }
241
{ "af": "* Die instelling van 'n stelsel van produkte vir voorkeurverskaffing aan die Regering deur klein- , medium- en mikro-ondernemings; en die daarstelling van 'n nougesette stelsel deur die \"Small Enterprises Development Agency\" om te verseker dat die 30-dag betalingstydperk nagekom word.", "en": "* introducing the system of products for preferential procurement by government from small, medium and micro-enterprises; and through the Small Enterprises Development Agency setting up a rigorous system to ensure that the 30-day payment period is observed." }
242
{ "af": "Ons sal ook die program integreer om die ontwikkeling van volhoubare menslike nedersettings te bespoedig, en verskerpte pogings sal, as noodsaaklike prioriteit, aangewend word om universele toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit te bespoedig sodat ons teen 2014 ordentlike nedersettings sal hê en dat alle huishoudings toegang tot hierdie dienste sal hê.", "en": "We will also integrate the programme to speed up the development of sustainable human settlements, with intensified efforts, as a matter of urgent priority, to accelerate universal access to water, sanitation and electricity, so that by 2014, we should have decent human settlements and access by all households to these services." }
243
{ "af": "Die bespoediging van ons strewe na die doelwit van gesondheid vir almal sluit in verskerpte implementering van Nasionale Strategiese Plan teen MIV en Vigs. Ons beoog ook om gedurende hierdie jaar die hoeveeldheid mense wat versuim om TB-behandeling te voltooi, te verminder van 10% na 7%, en om meer as 3 000 gesondheidspersoneel op te lei in die bestuur van die siekte, en om seker te maak dat alle pasiënte wat bestand is teen TB-medikasie, behandeling ontvang.", "en": "Accelerating our advance towards the achievement of a goal of health for all includes intensified implementation of the National Strategic Plan against HIV and AIDS. We also aim during the course of this year to reduce tuberculosis (TB) defaulter rates from 10% to 7%, train over 3 000 health personnel in the management of this disease and ensure that all multi-drug resistant and extreme drug resistant TB patients receive treatment." }
244
{ "af": "Ons beplan om die werk ten opsigte van die uitgebreide maatskaplike sekuriteitstelsel af te handel, en voordeel te trek uit die samesprekings wat alreeds met maatskaplike vennote gevoer is.", "en": "We aim to complete the work on the comprehensive social security system, benefiting from the consultations that have started with social partners." }
245
{ "af": "Terwyl ons aan boord gaan en regmaak vir \"Besigheid Buitengewoon\", moet ons ook nasionale dialoog uitbrei ten opsigte van die aangeleenthede wat ons as 'n nasie definieer.", "en": "As we put all our hands on deck and gear ourselves for Business Unusual we should also intensify national dialogue on the issues that define us as a nation." }
246
{ "af": "Twee van hierdie aangeleenthede verdien om vlugtig bespreek te word.", "en": "Two such issues deserve brief mention." }
247
{ "af": "Die eerste is 'n voorstel dat ons 'n eed ontwikkel wat deur leerders opgesê word tydens die oggendbyeenkoms, asook 'n Eed vir die Jeug wat die voordele van menslike gedrag en eenheid onder Suid-Afrikaners sal beklemtoon. Die Minister van Onderwys sal volgende week oor die nasionale debat oor hierdie aangeleenthede uitbrei.", "en": "The first of these is a proposal that we should develop an oath that will be recited by learners in their morning school assemblies, as well as a Youth Pledge extolling the virtues of humane conduct and human solidarity among all South Africans. The Minister of Education will next week elaborate on the national debate on these matters." }
248
{ "af": "Die tweede aangeleentheid het te doen met geografiese en plekname, wat 'n gesinchroniseerde proses regoor al die provinsies verg sodat ons 'n basis kan vorm vir die veranderings wat ons voorstel. Hierdie gesinchroniseerde proses sal binnekort van stapel gestuur word, onder leiding van die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name en sy provinsiale komitees.", "en": "The second issue is about geographic and place names, which requires a synchronised process across all provinces so we can create a base slate of changes we propose. We will launch this synchronised process soon, guided by the South African Geographical Names Council and its provincial committees." }
249
{ "af": "Mevrou die Speaker en Voorsitter,", "en": "Madame Speaker and Chairperson," }
250
{ "af": "Toe ons besin het oor misdaad tydens verlede jaar se Gesamentlike Sitting van die Parlement, het almal ernstige kommer uitgespreek oor die hoë misdaadsyfer en ook oor die feit dat dit wou voorkom of omstandighede vererger het, veral ten opsigte van moord - iets wat alle vooruitgang sedert die demokrasie in die wiele ry.", "en": "When we reflected on the issue of crime at last year's Joint Sitting of Parliament, we all expressed grave concern not only at the high rates of crime, but also at the indication that things seemed to be turning for the worse especially in respect of murder – bucking the trend of the improvement since the attainment of democracy." }
251
{ "af": "Daarom het ons verlede jaar stelselmatig begin om besigheids- en ander sektore van die bevolking te nader om sodoende 'n holistiese benadering te ontwikkel ten opsigte van die verbetering van die strafregstelsel in sy geheel.", "en": "Accordingly, last year we engaged in systematic interaction with business and other sectors of the population, to develop a holistic approach towards revamping the criminal justice system in its totality." }
252
{ "af": "In die gees van \"Besigheid Buitengewoon\", het die Kabinet dus ooreenkomstig besluit op 'n aantal veranderings wat nodig was om 'n nuwe, moderne, doeltreffende en getransformeerde strafregstelsel te skep. Dit sal onder andere behels dat 'n nuwe koördinerende en bestuurstruktuur op alle vlakke van die stelsel opgestel word, van nasionale vlak tot plaaslik, en wat die Regsbank en magistrate verenig, asook die polisie, aanklaers, korrektiewe dienste en die Regshulpraad, sowel as ander intervensies, insluitend die bemagtiging van die gemeenskapspolisiëringsforums.", "en": "In this regard, in the spirit of Business Unusual, Cabinet has agreed on a set of changes that are required to establish a new, modernised, efficient and transformed criminal justice system. Among other things, this will entail setting up a new co-ordinating and management structure for the system at every level, from national to local, bringing together the judiciary and magistracy, the police, prosecutors, correctional services and the Legal Aid Board, as well as other interventions, including the empowerment of the Community Police Forums." }
253
{ "af": "Soos wat die agbare lede weet, is sommige van hierdie inisiatiewe alreeds van stapel gestuur; maar ons is seker dat indien dit op 'n geïntegreerde en aanvullende wyse uitgevoer word, die uitwerking daarvan baie meer doeltreffend sal wees in die bekamping van misdaad. Die ministers van die Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit Groepering sal in die verloop van volgende week hieroor en oor ander inisiatiewe uitbrei.", "en": "As the Honourable Members are aware, some of these initiatives are already under way; but we are certain that, if they are all carried out in an integrated and complementary manner, the impact will be that much more effective in our fight against crime. The Ministers of the Justice, Crime Prevention and Security Cluster will elaborate on the details of this and other initiatives during the course of next week." }
254
{ "af": "Ons sal ook gedurende hierdie jaar die wetsontwerpe ten opsigte van die transformasie van die Regbank verwerk, in samewerking met regters en magistrate, en die strategie ten opsigte van verskerpte grensbeheer en sekuriteit sal afgehandel word. Ons sal die Slagoffershandves in die lewe roep, veral aandag skenk aan gewoonte-oortreders, en ons sal voortgaan met die implementering van bykomende maatreëls wat voortgespruit het uit die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie.", "en": "We shall also, during the course of this year, process the Bills on the transformation of the judiciary in consultation with judges and magistrates, complete the strategy aimed at strengthening border control and security, further give life to the Victims' Charter, pay particular attention to the issue of repeat offenders, and continue the implementation of additional measures deriving from recommendations of the Truth and Reconciliation Commission." }
255
{ "af": "Gelei deur die behoeftte om die aanslag teen georganiseerde misdaad te verskerp, asook die aanbevelings van die Khampepe Regskommissie ten opsigte van die werking en ligging van die Direktoraat vir Spesiale Operasies en deur verder oor hierdie aangeleentheid te besin, insluitend die hervorming van die strafregstelsel, sal ons teen die einde van Maart vanjaar met die Parlement samesprekings voer aangaande wetgewing en ander besluitnemingsmaatreëls om ons vermoë om misdaad te beveg, verder te verbeter.", "en": "Informed by the imperative to intensify the offensive against organised crime, as well as the recommendations of the Khampepe Judicial Commission on the functioning and location of the Directorate of Special Operations and continuing reflections on this matter, including the reform of the Criminal Justice System, we shall by the end of March this year, interact with Parliament on legislation and other decisive measures required further to enhance our capacity to fight organised crime." }
256
{ "af": "Ons sal voortgaan om gelei te word deur die Regering se volkome verbintenis om georganiseerde misdaad te beveg en om die bestuur, doeltreffendheid en koördinering van ons wetstoepassingsagentskappe te verbeter.", "en": "What will continue to inform us as we take this step will be the absolute commitment of government to fight organised crime and improve the management, efficiency and co-ordination of our law-enforcement agencies." }
257
{ "af": "Die belangrikste is dat ons sukses in die stryd teen misdaad afhang van ons almal se samewerking as wetsgehoorsame burgers, aangevuur deur die beginsels van die landswette, respek vir ons regbank en die strewe na gelyke menseregte, wat ons Grondwet ons beveel om in ons daaglikse bestaan en uitsprake na te kom.", "en": "Of great importance, our success in the fight against crime depends on co-operation among all of us as law-abiding citizens, inspired by the principles of rule of law, respect for our judiciary and pursuit of equal human rights, which our Constitution enjoins us to observe in our daily lives and pronouncements." }
258
{ "af": "Agbare lede,", "en": "Honourable Members" }
259
{ "af": "Ons sal hierdie jaar voortgaan met ons pogings om die Regering se bedrywighede te verbeter sodat dit sy verpligtinge teenoor ons burgers kan nakom. Die gees van \"Besigheid Buitengewoon\" behoort van toepassing te wees op alle individue wat die voorreg geniet om staatsamptenare te wees.", "en": "We will continue this year with efforts to improve the machinery of government so that it meets its obligations to citizens. If anything, the spirit of Business Unusual should apply to all individuals who carry the privilege of being public servants." }
260
{ "af": "Daar is eenvoudige dog dringende en kritiese prioriteite waaraan ons sal aandag skenk as deel van die algehele poging om die organisasie en kapasiteit van die Staat te verbeter.", "en": "There are simple but urgent and critical priorities we will attend to, as part of the overall effort to improve the organisation and capacity of the state." }
261
{ "af": "Daar is eerstens ooreengekom dat, op alle regeringsgebiede, noodsaaklike vakatures gevul moet word binne ses maande nadat die vakature ontstaan het. Die Departement van Staatsdiens en Administrasie sal 'n moniteringstelsel opstel om die implementering van hierdie besluit te moniteer.", "en": "Firstly, it has been agreed across all spheres of government that especially the critical vacancies should be filled within six months of such openings emerging. The Department of Public Service and Administration will set up a monitoring system to track the implementation of this decision." }
262
{ "af": "Tweedens behoort alle senior bestuurders hul prestasieooreenkomste teen Mei van elke jaar (en binne twee maande na die aanvang van die finansiële jaar op plaaslike regeringsvlak) by die betrokke owerhede ingedien het. Die Kantoor van die Staatsdienskommissie sal moniteringstelsels in hierdie opsig opstel.", "en": "Secondly, by May of every year (and within two months of the beginning of the financial year at local government level) all senior managers should have filed their Key Performance Agreements with relevant authorities. The Office of the Public Service Commission will set up monitoring systems in this regard." }
263
{ "af": "Derdens, en met die wete dat die Departement van Binnelandse Sake elke burger se lewe raak, sal ons die implementering van die omwentelingstrategie wat deur die Kabinet goedgekeur is, verskerp. Dit sluit in die verbetering van IT-stelsels, die opleiding van personeel ten opsigte van nuwe stelsels, die uitwissing van korrupte elemente, en die bekendstelling van die nuwe ID-kaart.", "en": "Thirdly, recognising that the Department of Home Affairs touches the core of every citizen's life, we will this year intensify the implementation of the turn-around strategy approved by Cabinet. This includes improving the information technology (IT) systems, training of staff on the new systems, rooting out corrupt elements and piloting the new ID card." }
264
{ "af": "Die verbetering in die prestasie van die Staatsdiens is ook afhanklik van die gehalte van die leierskap wat deur die uitvoerende en seniorbestuur verskaf word. Dit is verder baie belangrik dat die verbintenis van staatsamptenare tot hul pligte verbeter word - 'n taak wat rus op die skouers van die leiers, staatsamptenare en die werkersuniebeweging.", "en": "Improvement of performance in the public service also depends on the quality of leadership provided by the executive and senior management. Further, it is critical to enhance the commitment of public employees to their duties – a task that belongs to the leadership, the public servants themselves and the trade union movement." }
265
{ "af": "In hierdie opsig sal ons vanjaar in samewerking met die staatsdiensunies 'n Staatsdiens Spitsberaad hou om hierdie aangeleenthede aan te spreek sodat die gees van \"Batho Pele\" gestalte kan aanneem wanneer ook al 'n regeringsdiens gelewer word.", "en": "In this regard, this year, in consultation with public sector unions, we will convene a Public Sector Summit to thrash out these issues so that the spirit of Batho Pele can find concrete expression wherever a government service is provided." }
266
{ "af": "Teen die einde van hierdie jaar sal ons, in samewerking met ander maatskaplike vennote, seker maak dat die tweede Nasionale Anti-Korrupsieprogram aanvaar word, en dat die plan van aksie waarop daar ooreengekom is met besighede, geïmplementeer word. Op plaaslike regeringsvlak sal ons die eerste 150 van ons munisipaliteite behulpsaam wees met die ontwikkeling van anti-korrupsie strategieë.", "en": "Working with other social partners, we shall ensure that, by the end of this year, the second National Anti-corruption Programme is adopted, and that the action plan agreed with organised business is implemented. At local government level, we shall assist the first 150 of our municipalities to develop anti-corruption strategies." }
267
{ "af": "Ons sal vanjaar voortgaan om pogings te verskerp om plaaslike regeringskapasiteit te versterk ooreenkomstig die Vyf-Jaar Agenda van Plaaslike-Regering Strategie. Om te verseker dat stelselmatige monitering in hierdie opsig plaasvind, het die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, Salga, ingestem om kwartaalikse verslae voor te lê ten opsigte van die werk wat verrig word.", "en": "We shall continue this year to intensify efforts to strengthen local government capacity in line with the 5-year Local Government Strategic Agenda. To ensure systematic monitoring in this regard, SALGA has agreed to provide quarterly reports on the work being done." }
268
{ "af": "Om die diens wat aan kwesbare sektore soos veterane, vroue en jonmense gelewer word nog verder te verbeter, sal ons die strukture wat opdrag gegee is om hierdie funksies te verrig, hersien en die mees gepaste reëlings bestudeer, insluitend die evaluering van regeringstrukture wat spesifiek ingestel is om op die ontwikkeling en bemagtiging van die jeug te konsentreer.", "en": "In order further to improve the service being provided to vulnerable sectors such as veterans, women and youth, we shall review the structures delegated to carry out these functions and examine the most appropriate arrangements, including the evaluation of the government structures specifically established to focus on youth development and empowerment." }
269
{ "af": "Baie van die uitdagings in ons werk wat uitgelig is, spruit voort uit ernstige tekortkominge ten opsigte van ons beplanning. Daarom, as deel van ons top-prioriteite, sal ons in die komende tydperk die prosesse afhandel wat ons in staat sal stel om die Regering se kapasiteit te verbeter om realistiese en geïntegreerde planne in werking te stel wat alle sfere van die Regering sal dek.", "en": "Many of the challenges in our work which we have identified derive from serious weaknesses in terms of our planning. Thus, as part of our Apex Priorities in the coming period we will complete the processes that will enable us to enhance government's capacity to put in place realistic and integrated plans, covering all spheres of government." }
270
{ "af": "Agbare lede,", "en": "Honourable Members" }
271
{ "af": "Die program wat ons uiteengesit het sluit in die verbintenisse wat ons land gesluit het met die leiers van die kontinent deur middel van die Afrika Portuur-oorsigsmeganisme.", "en": "The programme that we have outlined incorporates the commitments that our country has agreed with the leadership of the continent through the African Peer Review Mechanism." }
272
{ "af": "Ter bevordering van die Afrika-agenda vanjaar, lê ons klem op die versterking van die Afrika-instellings, insluitend die Afrika-unie en sy ontwikkelingsprogram, Nepad.", "en": "Our focus, in promoting the African Agenda this year, will be on the strengthening of the African institutions, including the African Union and its development programme, Nepad." }
273
{ "af": "Ons sal dit doen, aangevuur deur die gemeenskaplike strewe van die mense van die kontinent na verhoogde integrasie in hul soeke na kontinentale eenheid op alle vlakke. 'n Belangrike stap in hierdie opsig is die konsolidasie van streeksinstellings en aktiwiteite wat gemik is op die verwesenliking van streeksintegrasie.", "en": "This we shall do, inspired by the common aspiration of the peoples of the continent for greater integration in pursuit of continental unity at all levels. A critical step in this regard is the consolidation of regional institutions and activities aimed at achieving regional integration." }
274
{ "af": "Ons is steeds verbind tot 'n vrye handelsgebied in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en hoop dat ons ons voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in 2008/09 kan aanwend om meer stukrag aan streeksondernemings in hierdie opsig te verleen.", "en": "We continue to be committed to a free trade area in the Southern African Development Community (SADC), and hope to use our Chairpersonship of SADC in 2008/2009 further to give impetus to the regional endeavours in this regard." }
275
{ "af": "Dit is ook in hierdie konteks dat ons sal voortgaan met ons bilaterale en multilaterale interaksies met ons buurlande en die Europese Unie, binne die konteks van die proses wat gelei word deur die Afrika-Unie, om te verseker dat samesprekings oor die ekonomiese vennootskapsooreenkomste so gou moontlik afgehandel word, gebaseer op die bespoediging van die ontwikkeling van ons streek.", "en": "It is in this context, as well, that we shall continue our bilateral and multilateral interactions with our neighbours and the European Union, within the context of the process led by the African Union (AU), to ensure that the negotiations on the Economic Partnership Agreement are completed as soon as possible, premised on accelerating the development of our region." }
276
{ "af": "Gedurende die afgelope jaar het ons die opdrag van SADC uitgevoer om die politieke leierskap van Zimbabwe behulpsaam te wees om 'n blywende oplossing te vind vir die politieke uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons is die geleentheid gebied tydens die AU-beraad in Addis Ababa om 'n omvattende verslag aan die leierskap van SADC oor hierdie aangeleentheid voor te lê.", "en": "Over the past year, we carried out the mandate of SADC to assist the political leadership of Zimbabwe to find a lasting solution to the political challenges they face. We had an opportunity, on the fringes of the AU Summit in Addis Ababa formally to present a comprehensive report to the leadership of SADC on this matter." }
277
{ "af": "Kortom, die partye wat betrokke was by die samesprekings het ten volle saamgestem oor alle aspekte wat verband gehou het met die aangeleenthede wat hulle moes aanspreek. Dit sluit in aangeleenthede ten opsigte van die Grondwet, sekuriteit, media en verkiesingswette, en ander aangeleenthede wat vir baie jare reeds twispunte was. Die betrokke wette in hierdie opsig is alreeds deur die Parlement goedgekeur, insluitend die nodige grondwetlike wysigings. Wat egter nog uitstaande is, is 'n prosessuele aangeleentheid ten opsigte van die tydsbeplanning en die manier waarop die nuwe Konsepgrondwet toegepas sal word.", "en": "In short, the parties involved in the dialogue have reached full agreement on all matters relating to the substantive matters the parties had to address. These include issues relating to the Constitution, security, media and electoral laws, and other matters that have been in contention for many years. The relevant laws in this regard have already been approved by parliament, including the necessary constitutional amendments. What is outstanding, however, is a procedural matter relating to the timing and the manner of enactment of the new agreed Draft Constitution." }
278
{ "af": "Ons sluit dus aan by die SADC se staats- en regeringshoofde wanneer ons diegene gelukwens wat betrokke was by die Zimbabwe-samesprekings met hul prysenswaardige prestasies, en ons moedig hulle aan om saam te werk om die oorblywende prosessuele aangeleentheid op te los. Soos wat die SADC staats- en regeringshoofde ons versoek het, is ons steeds gereed om voort te gaan om die Zimbabwe-onderhandelings te fasiliteer. Terselfdertyd wens ons die mense van Zimbabwe alle sukses toe met die verkiesing wat vir 29 Maart beplan word.", "en": "Accordingly, we join the SADC Heads of State and Government in congratulating the parties to the Zimbabwe Dialogue for their truly commendable achievements and encourage them to work together to resolve the remaining procedural matter. As requested by the SADC Heads of State and Government we remain ready to continue to facilitate the Zimbabwe negotiations. At the same time, we wish the people of Zimbabwe success in the elections scheduled for the 29th of March." }
279
{ "af": "Ons veelvlakkige betrekkinge met die Demokratiese Republiek van Kongo sal voortduur in ons soeke om 'n bydrae te lewer tot die pogings van die buurmense van daardie land om langdurige vrede te bewerkstellig, en om hulle herkonstruksie- en ontwikkelingsplan te implementeer.", "en": "Our multifaceted relations with the Democratic Republic of Congo will continue, as we seek to contribute to the efforts of the sister people of that country to attain lasting peace, and implement their reconstruction and development programme." }
280
{ "af": "Ons regering is ook verbind tot die prosesse in Kenia, Tsjad, Burundi, Darfur in die Soedan, Westelike Sahara, Ivoorkus, Somalië, die Comoro-eilande en die Sentraal-Afrikaanse Republiek om langdurige vrede en stabiliteit te bewerkstellig.", "en": "Our government will remain seized of the processes under way in Kenya, Chad, Burundi, Darfur in the Sudan, Western Sahara, Côte d'Ivoire, Somalia, the Comoros and the Central African Republic to find lasting peace and stability." }
281
{ "af": "Ons is veral bekommerd oor die sinnelose geweld en moorde in beide Kenia en Tsjad. Dit is verwikkelings wat duidelik die vooruitgang kniehalter wat ons die afgelope paar jaar gemaak het ten opsigte van die herlewing van die Afrika-kontinent. Ons doen 'n beroep op alle inwoners van Afrika om alles in ons vermoë te doen sodat ons saam 'n einde kan maak aan al hierdie negatiewe verwikkelings.", "en": "We are particularly concerned by the senseless violence and killings in both Kenya and Chad, developments that clearly set back the progress we have been making in the last few years with regard to the regeneration of the African continent. We call on all African compatriots to do whatever we can, together to help bring a stop to all these negative developments." }
282
{ "af": "Ons sal natuurlik ook voortgaan om ons take in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad uit te voer. Van uiterse belang in hierdie opsig is die versterking van ons samewerking tussen die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die Vrede- en Veiligheidsraad van die Afrika-Unie.", "en": "We will, of course, continue to carry out our tasks in the United Nations Security Council. Critical in this regard, is the strengthening of co-operation between the UN Security Council and the Peace and Security Council of the African Union." }
283
{ "af": "Aangevuur deur die begeerte om die verbetering van die lewensgehalte van alle mense aan te moedig, veral in die ontwikkelende lande, sal ons daarop konsentreer om ons deelname uit te brei in die Indië-Brasilië-Suid-Afrika-forums, die nuwe Afrika-Asië Strategiese Vennootskap, die Onverbonde Beweging, die Groep van 77 en in die onderhandelings om die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU)-Mercusor handelsooreenkoms af te handel.", "en": "Impelled by the desire to promote the improvement in the quality of life of all peoples, particularly in the developing countries, we shall focus on further strengthening our participation in the India-Brazil-South Africa forums, the New Africa-Asia Strategic Partnership, the Non-Aligned Movement, the Group of 77 and negotiations to complete the SACU-Mercusor trade agreement." }
284
{ "af": "Ons sal ook voortgaan om 'n bydrae te lewer tot die verwesenliking van die doelwitte van die Kyoto-Pprotokol op Klimaatsverandering en voortdurende verbeterings in hierdie opsig, en om meer stukrag te verleen aan die onderhandelings oor die Wêreldhandelsorganisasie se Doha Ontwikkelingsrondte.", "en": "In the same measure, we shall continue to contribute to the realisation of the objectives of the Kyoto Protocol on Climate Change and ongoing improvements in this regard, and in giving further impetus to the negotiations on the WTO Doha Development Round." }
285
{ "af": "Vanjaar vier ons die 10de herdenking van die instelling van diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Republiek van China. Die uitbreiding van 'n verskeidenheid betrekkinge in verskeie gebiede tussen ons regerings en mense bevestig dat die China-Suid-Afrika-Vennootskap vir Groei en Ontwikkeling 'n strategiese verhouding is met wedersydse voordele, wat net van krag tot krag kan gaan.", "en": "This year we celebrate the tenth anniversary of the establishment of diplomatic relations between South Africa and the People's Republic of China. The mushrooming of relations in a variety of areas between our governments and peoples confirms that the China-South Africa Partnership for Growth and Development is a strategic relationship of mutual benefit, which can only grow from strength to strength." }
286
{ "af": "Aanstaande jaar sal ons die gasheer wees vir die Hersieningskonferensie om die implementering te evalueer van die besluite wat geneem is op die Wêreldkongres teen Rassisme wat in ons land gehou gehou is in 2001. Op grond van hul afkeer in die plaag van rassisme en die verwoestende gevolge wat dit inhou, vertrou ons dat die regerings en mense van die wêreld saam met ons sal werk om te verseker dat die Hersieningskonferensie sy doelwitte bereik.", "en": "Next year, South Africa will play host to the Review Conference to evaluate the implementation of the decisions of the World Conference Against Racism which was held in our country in 2001. We are confident that, informed by their abhorrence of the scourge of racism and the devastating consequences it continues to exact on humanity, the governments and peoples of the world will work together with us to ensure that the Review Conference achieves its objectives." }
287
{ "af": "Hierdie globale verantwoordelikhede, insluitend om as gasheer op te tree tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, beklemtoon ten sterkste die vertroue wat die mensdom in ons land het as 'n strategiese rolspeler in die eerbare pogings van die mensdom. Ons moet dit egter nie as vanselfsprekend aanvaar nie.", "en": "These global responsibilities, including the hosting of the 2010 FIFA Soccer World Cup, bring out in even bolder relief the confidence that humanity has in our country as a strategic player in the noble endeavours of all humanity. But we should not take this for granted." }
288
{ "af": "Ek vertrou dat, onder die leierskap van die Internasionale Bemarkingsraad (IMC), Handel en Belgging Suid-Afrika (TISA), Toerisme Suid-Afrika en ander agentskappe, ons almal sal saamwerk om aan die res van die wêreld die gees van \"Besigheid Buitengewoon\" uit te dra, en dat ons sal voortgaan om te streef na die daarstelling van 'n gemeenskap wat omgee en omstandighede skep vir 'n wêreld wat in ons land byeen gaan kom in 2010 om Afrika se menslikheid te vier.", "en": "I am confident that, under the leadership of the International Marketing Council, Trade and Investment South Africa (TISA), Tourism South Africa and other agencies we shall all put our hands on deck to communicate to the rest of the world the spirit of Business Unusual, and our continuing advance towards the creation of a society that cares and the conditions for the world to gather in our country to celebrate Africa's humanity in 2010." }
289
{ "af": "Mevrou die Speaker, Voorsitter en agbare lede,", "en": "Madame Speaker, Chairperson and Honourable Members;" }
290
{ "af": "Na wat alles gesê is, keer ek terug na die vraag: wat is die stand van die nasie terwyl ons 2008 betree?", "en": "Having said all that I have said, I come back to the question: what is the state of our nation as we enter 2008!" }
291
{ "af": "Wat ek wel weet en pront-uit kan sê, is: wat ook al die uitdagings van die oomblik is, ons is steeds op koers!", "en": "What I do know and hereby make bold to say is: whatever the challenges of the moment, we are still on course!" }
292
{ "af": "Ek sê dit met onwrikbare oortuiging omdat ek seker is dat Suid-Afrikaners in staat is en toegerus is om die uitdagings van die verlede die hoof te bied - om alles in ons vermoë te doen - om op die daaglikse nasionale uitdagings te reageer, insluitend dié wat betrekking het op ons ekonomie, die politieke en ekonomiese situasie in Afrika en elders in die wêreld, en om die geleenthede aan te gryp wat ons land se vooruitgang gedurende die afgelope 14 jaar gebied het.", "en": "I say this with unshakeable conviction because I am certain that South Africans are capable and geared to meet the challenge of history – to strain every sinew of our being – to respond to the national challenges of the day, including those relating to our economy, the political and economic situation in Africa and elsewhere in the world, and seize the opportunities that our country's progress over the last fourteen years has provided." }
293
{ "af": "Met almal aan boord, en daartoe verbind om ons sake op 'n buitengewone en meer doeltreffende wyse te behartig, sal ons die proses van ons herkonstruksie en ontwikkeling volhou en dit selfs na hoër vlakke neem.", "en": "With all hands on deck, and committed to conduct our business in an unusual and more effective fashion, we shall sustain the process of our reconstruction and development and take it to even higher levels." }
294
{ "af": "Baie dankie.", "en": "Thank you." }
295
{ "af": "Uitgereik deur: Die Presidensie", "en": "Issued by: The Presidency" }
296
{ "af": "8 Februarie 2008", "en": "8 February 2008" }
297
{ "af": "[ID 06]", "en": "[ID 06]" }
298
{ "af": "Staatsrede van die President van Suid-Afrika, Thabo Mbeki: Gesamentlike Sitting van die Parlement", "en": "State of the Nation Address of the President of South Africa, Thabo Mbeki: Joint Sitting of Parliament" }
299
{ "af": "9 Februarie 2007", "en": "9 February 2007" }