edaiofficial's picture
initial commits
78aa4ee
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
gebruik
energie verander van energie na energie
hierdie is 'n redelike lang aktiwiteit met 'n klomp voorbeelde maar dit bied 'n inleiding tot die tegnologieprojek 'n bietjie later .
hier sal leerders gebruik moet maak van 'n stroombaan om lig beweging klank of hitte te produseer .
elkeen van die voorbeelde in die vorige aktiwiteit gebruik 'n stroombaan om energie te voorsien waar ons dit benodig of dit nou is om die straat te verlig klank aan ons radio te verskaf of om 'n gebou te verhit .
selfs in sekere speelgoed en modelle soos byvoorbeeld 'n motorrenspeletjie of 'n elektriese modeltreinstel !
ons kan sê dat elektriese toestelle vir ons probleme kan oplos .
hulle is in staat om elektriese energie in ander nuttige vorms van energie te verander .
teen hierdie tyd het leerders genoeg konsepte in verband met elektrisiteit geleer om vir hulle 'n tegnologie ontwerpprojek te gee om te doen .
hulle kan individueel of in groepe van 3 4 werk .
ideaal gesproke moet elke leerder sy eie stelsel ontwerp en bou om homself ten volle by die taak te betrek .
leerders sal toepas wat hulle geleer het deur eers 'n plan te bespreek te ontwerp en te teken hoe hulle 'n stroombaan kan gebruik om beweging lig klank of hitte te produseer .
oor die algemeen is dit moeiliker om hitte energie te produseer met die gebruik van selle maar leerders kan dit ondersoek as hulle voel hulle is reg daarvoor .
hierna sal hulle hulle ontwerp implementeer en 'n struktuur bou en aan die klas voorlê .
kommunikasie is 'n baie belangrike vaardigheid en vorm deel van die tegnologie ontwerpproses .
kommunikasie kan of skriftelik of mondelings wees maar in hierdie geval moet die leerders hulle ontwerp mondelings aan die klas voorlê .
die modelle wat die leerders bou hoef nie op skaal te wees nie .
moontlike ontwerpe is 'n bestendige handspeletjie 'n huis moedig hulle aan om meer as een kamer te hê of 'n deurklokkiestelsel 'n vuurtoring of een of ander tipe speelding wat klank of beweging produseer .
moedig leerders aan om alles wat hulle oor stroombane geleer het te gebruik en om verskillende komponente in hulle projek in te sluit soos byvoorbeeld skakelaars .
gestel jy wil 'n elektriese ingenieur of 'n tegnikus word .
een van die dinge wat jy sal doen is om stelsels te ontwerp wat stroombane gebruik om probleme vir mense op te los of dit die bedrading in 'n huis is 'n voordeurklokkie 'n vuurtoring op die kus of om speelgoed te bou wat elektrisiteit nodig het om te werk .
ontwerpsopdrag
jy is 'n elektriese ingenieur en jy moet 'n ontwerp uitdink vir 'n elektriese stelsel wat 'n probleem oplos .
jy moet 'n stelsel ontwerp en bou wat 'n stroombaan gebruik om beweging lig klank of hitte te produseer .
skryf 'n beskrywing van jou ontwerp waar jy sê wat jy gaan bou en hoekom dit 'n stroombaan benodig .
ondersoek
die volgende stap in die ontwerpproses is om navorsing te doen oor die instrument wat jy gaan bou maak .
jy kan boeke en die internet gebruik vir jou navorsing .
beantwoord hierdie vrae tydens jou navorsing oor die elektriese stelsel
hoe word hierdie stelsel normaalweg gebou ?
watter komponente word benodig ?
watter tipe energie gaan gemaak word uit die elektriese energie ?
hoekom benodig mense so 'n stelsel ?
wat is die probleem wat daardeur opgelos word ?
ontwerp
noudat jy 'n bietjie meer weet oor die sisteem wat jy wil bou is dit nodig om die bou ontwerp te doen .
jou stelsel het die volgende spesifikasies vereistes
jou stelsel het die volgende beperkinge
beantwoord hierdie vrae
nou moet jy 'n paar ontwerpe vir jou stelsel teken .
gebruik stukkies afvalpapier om jou eerste ontwerpe te doen .
wanneer jy gelukkig is met jou ontwerp gebruik die spasie hieronder om jou ontwerp te teken .
benoem jou tekening en dui aan watter materiale jy gaan gebruik vir die verskillende dele .
terwyl jy jou sisteem bou mag jy dalk met nog idees vorendag kom om die ontwerp te verbeter soos jy dit toets om te sien of dit die gewensde resultate lewer .
maak seker dat jy na die tyd terugkom en om op die onderste helfte van die bladsy te teken wat jy in werklikheid gemaak het .
bou
bou nou jou stelsel !
nadat jy jou stelsel klaar gemaak het loop rond en kyk wat die ander gedoen het .
vra gerus vrae om te sien wat julle van mekaar kan leer .
jy sal ook 'n voorlegging aan jou klas moet doen so gebruik hierdie tyd om idees te kry oor hoe jy jou idee en produk gaan voorstel .
evaluering
voordat ons by die voorlegging van die projekte kom moet jy eers jou eie projek evalueer .
dan kan jy hierdie evaluering in jou voorlegging gebruik om aan die ander te wys wat gewerk het en wat nie .
lyk jou stelsel soos jou oorspronklike ontwerp ?
vervaardig jou stelsel beweging klank lig of hitte ?
waar sal mense die stelsel wat jy ontwerp het gebruik om 'n probleem in hulle daaglikse lewens op te los ?
is daar enigiets wat jy anders sou doen om jou ontwerp te verbeter ?
kommunikasie
ingenieurs moet hulle ontwerpe aan ander kan voorlê om te kan wys waarmee hulle vorendag gekom het en om idees te kommunikeer .
ingenieurs kan 'n geskrewe verslag voorlê en ontwerptekeninge ingee .
maar dikwels moet ingenieurs ook 'n voorlegging van die ontwerp en projek doen deur toesprake en mondelingse verslae .
jou opdrag in hierdie ontwerpprojek is om jou stelsel aan die klas voor te lê .
hier volg jou instruksies
elke leerder moet geassesseer word na aanleiding van die werklike stelsel wat hulle gebou het en ook hulle ontwerpe tekeninge en beplanning .
elke leerder moet geassesseer word oor die aard van hulle mondelingse projekvoorlegging .
gee spesifiek aandag aan die leerders se vermoë om hulle stemme te projekteer en om die klas te betrek hulle vermoë om te verduidelik wat hulle gedoen het en of hulle die vrae beantwoord het wat in die instruksies uiteengesit is .
noem vyf dinge wat ons nie sonder elektrisiteit sal kan doen nie .
verduidelik waarom jy dink hierdie dinge vir ons belangrik is .
antwoorde hang van leerders af .
maak seker hulle motiveer hul antwoorde .
jason bou 'n elektriese stroombaan wat 'n gloeilamp en 'n battery in het vir sy bedliggie sodat hy in die aand kan lees .
die gloeilamp wil egter nie brand nie .
hy kon die batttery verkeerd ingesit het die battery is dalk pap daar is êrens 'n onderbreking in die verbinding een van die drade is nie ordentlik gekoppel nie of is stukkend die gloeilamp het dalk geblaas” wat beteken dat die gloeidraadjie in die lampie stukkend is .
jason wil nie hê dat die battery in sy bedliggie se energie opraak nie .
wat kan hy doen ?
hy kan 'n skakelaar insit om die liggie aan en af te skakel en die battery te spaar .
skryf drie elektriese toestelle neer wat energie van 'n battery gebruik .
flits selfoon draagbare radio ens
skryf drie elektroniese toestelle neer wat energie van die hooftoevoerkabel gebruik .
mikrogolf stoof yster haardroër yskas ens .
teken 'n elektriese stroombaandiagram vir die sisteem wat jy ontwerp en gemaak het in die ontwerpprojek .
die eenheid leen homself tot die soek van inligting prente simulasies en videos op die internet die biblioteek tydskrifte en boeke .
die basiese inligting oor die kernonderwerp word hier voorsien maar onderwysers en leerders moet die onderwerp verder ondersoek .
ons is so gewoond aan elektriese toestelle aan en af skakel dat ons nie eers meer dink aan hoe dit moontlik is om nie die toestelle te hê nie .
ons fokus skuif nou na elektriese toestelle wat 'n hooftoevoerkabel nodig het .
jy het voorbeelde soos die televisie 'n rekenaar 'n ketel en baie ander alreeds genoem .
die groot vraag is waar kom die elektrisiteit in die hooftoevoerkabel vandaan ?
'n battery het opgegaarde energie wat in elektriese energie kan verander .
ons huise skole winkels en fabrieke kan egter nie batterye gebruik nie want hulle kan nie genoeg energie opgaar om die groot hoeveelhede wat die plekke nodig het te voorsien nie .
elektrisiteit doen baie van ons werk vir ons en ons gebruik dit elke dag .
die hoofversk
steenkool olie en aardgasse is fossielbrandstowwe .
sommige mense dink dat fossielbrandstowwe die oorblyfsels van dooie dinosaurusse is .
eintlik het meeste van die fossielbrandstof wat ons vandag kry miljoene jare voor die dinosourusse gevorm .
fossielbrandstowwe was eens lewendig !
onthou jy dat jy in graad 5 in “die aarde en die heelal” geleer het oor fossiele .
skryf neer wat jy dink 'n fossiel is .
'n fossiel is die oorblyfsels van 'n dooie organisme plant of dier van miljoene jare gelede .
fossielbrandstof is dus eintlik die oorblyfsels van prehistoriese organismes wat miljoene jare gelede gelewe het !
verskillende fossielbrandstowwe kom van verskillende organismes en vorm op verskillende maniere .
hoe word fossielbrandstof gemaak ?
hierdie aktiwiteit moet as 'n leesbegrip vir waardering gedoen word .
die ideaal is dat leerders self die teks moet lees en dan die vrae wat volg moet antwoord .
dit is 'n belangrike vaardigheid om 'n teks te kan lees die hoofgedagte te kan identifiseer en dan vrae oor die stuk te kan beantwoord of die teks te kan opsom .
instruksies
300 mijoen jaar gelede.. .
dink oor hoe die aarde so lank terug moes gelyk het !
daar was oral moerasse en vleie en dit was warmer as wat dit vandag is .
antieke bome varings en plante het oral gegroei .
daar was vreemde diere wat op die aarde geloop het .
toe hierdie prehistoriese plante en diere gesterf het het hulle liggame op dieselfde manier ontbind as wat organismes vandag ontbind .
die dooie organismes word onder lae en lae modder rots sand en water begrawe .
mettertyd bou hierdie lae op en word baie diep en sit dit baie druk op onderste die lae .
miljoene jare gaan verby en die dooie diere en plante ontbind stadig en vorm fossielbrandstowwe .
verskillende soorte fossielbrandstowwe vorm afhangend van verskillende faktore .
dit hang byvoorbeeld af of die oorblyfsels van plante of diere of 'n kombinasie van die twee kom en vir hoe lank die oorblyfsels van die organismes begrawe was .
die soort fossielbrandstof wat vorm hang ook af van hoe die temperatuur en die druk tydens die stadium van ontbinding was .
olie is 'n donker dik vloeistof wat ons kan gebruik om petrol te maak om in voertuie soos motors busse en vragmotors te brand .
aardgasse is kleurloos en word meestal in huise gebruik om te kook en vir hitte .
olie en aardgasse word van organismes plant en dier gevorm wat in die oseane gebly het selfs voor daar dinosourusse was .
wanneer die organismes gesterf het het hulle na die bodem van die rivier of die oseaan gesink en lae modder en sand slik het daaroor gaan lê .
die modder en sand het stadig maar seker in rots verander en die rots en die waterdruk het afgedruk op die oorblyfselfs van die dooie plante en diere .
na miljoene jare van onder druk en hitte wees verander die plante en diere in 'n dik vloeistof wat ru olie genoem word .
in die dieper warmer plekke vorm klein borreltjies aardgas .
hulle was onder die rotse vasgevang .
mettertyd begin van die olie en aardgasse boontoe beweeg deur die rots en die aarde se kors en beweeg in rotsformasies wat dekkingsrots genoem word in .
vandag word omtrent al die olie en aardgasse uit hierdie dekkingsrotse ontgin deur in die lae rots in te boor .
steenkool is 'n swart rots wat wat gebrand kan word om energie in kragstasies oral oor die wêreld te produseer .
steenkool word gevorm van die oorblyfsels van dooie bome varings en sommige ander plante wat 300 tot 400 miljoen jaar gelede geleef het .
dit was toe die aarde meestal met moerasagtige woude bedek was .
hierdie soort plante was baie anders as die plante wat ons vandag kry .
mettertyd is van die lae dooie plante op die bodem van die moeras met water en modder bedek .
die boonste lae het afgedruk op die onderste dooie plante .
oor miljoene jare het die hitte en druk die plante in steenkool verander wat ons vandag myn .
die energie in steenkool kom van die energie van die son .
plante op die aarde het die energie van die son nodig vir fotosintese en om te groei .
die energie is in die blare blomme en stingels van die plante gestoor .
wanneer die plante doodgaan word die energie daar vasgevang .
vrae
watter drie fossielbrandstowwe is in die storie hierbo bespreek ?
steenkool olie en aardgasse
die organismes waarvan fossielbrandstowwe gevorm is het baie jare gelede gelewe en is baie anders as die organismes wat ons vandag kry .
hoeveel miljoene jare gelede was dit ?
300 miljoen jaar gelede .
die dooie organismes is mettertyd met sediment bedek .
onthou jy dat ons oor sediment geleer het in graad 5 in “die aarde en die heelal” en ook hoe afsettingsgesteentes vorm ?
skryf 'n beskrywing vir afsetting .
afsetting is wanneer deeltjies van sand rots of organiese materiaal op die bodem van 'n rivier of die oseaan gaan lê en mettertyd lae vorm wat kompak word .
wat is die twee hoof faktore wat veroorsaak dat die oorblyfsels vanorganismes in fossielbrandstowwe verander diep onder lae rots en modder
hoë druk en hitte .
verduidelik waarom ons sê dat al ons energie oorspronklik van die son kom selfs dié van fossielbrandstowwe .
die organismes waarvan fossielbrandstowwe gemaak is het miljoene jare gelede geleef .
die plante het die son se energie gebruik om kos te maak deur fotosintese .
wanneer hulle sterf word die energie in die oorblyfsels vasgevang wat uiteindelik fossielbrandstof word .
die diere wat die plante geëet het het ook indirek hulle energie van die son gekry deur die plante te eet .
toe hierdie diere gesterf het is die energie ook in hulle oorblyfsels vasgevang wat later fossielbrandstof word .
onthou jy dat jy van die fases van materie in “materie en stowwe” geleer het .
elkeen van die drie fossielbrandstowwe wat ons bespreek het is in 'n ander fase van materie .
watter fases is dit ?
steenkool vastestof olie vloeistof aardgasse gas
die prosesse waardeur steenkool vorm en aardgasse en olie vorm het sekere ooreenkomste maar ook baie verskille .
teken 'n tabel waarin jy hierdie twee prosesse vergelyk .
gee vir jou tabel 'n opskrif .
moontlike antwoorde
'n vergelyking van die proses waardeur steenkool vorm en aardgasse en olie vorm verskillende fossielbrandstowwe
vorming van fossielbrandstowwe video .
hoe ons die fossielbrandstowwe ontgin verskil ook .
steenkool word meestal verkry deur myne te grawe wat deur die rots en sand gaan om by die steenkoolafsettings diep onder die oppervlak uit te kom .
dit maak 'n groot gat in die oppervlak van die aarde soos jy in hierdie foto van 'n myn kan sien .
olie en aardgasse word verkry deur in die rots af te boor .
'n reuse boor sink 'n gat in die aarde om by die olie en aardgasse uit te kom en dit dan oppervlak toe te bring .
dit gebeur gewoonlik in die oseaan soos jy in die foto van die olieboor kan sien .
gebruik die internet om uit te vind watter lande in die wêreld die grootste hoeveelhede steenkool olie en aardgasse het ?
gebruik die internet om uit te vind watter drie lande in die wêreld die meeste fossielbrandstowwe gebruik .
die hoofverskaf
kom ons kyk na 'n kragstasie om uit te vind hoe steenkool gebruik word om elektrisiteit te produseer .
kyk na die diagram hieronder wat die stappe van die proses om elektrisiteit van steenkool te maak wys .
materiale
instruksies
die volgorde moet iets wees soos rightarrow plante en diere rightarrow fossielbrandstof steenkool rightarrow kragstasie rightarrow elektrisiteit rightarrow lewering aan huise deur kragdrade rightarrow tv of 'n ander toestel .
fossielbrandstowwe is nie hernubare bronne van energie .
dit is omdat hulle miljoene jare neem om te vorm .
wanneer hierdie brandstowwe brand kan hulle nie herwin of weer gebruik word nie .
hulle is nie hernubaar .
'n leerder se begrip van miljoene jare mag nie altyd reg wees nie .
fossielbrandstowwe is nie hernubaar aangesien ons dit vinniger opgebruik oor 'n paar eeue as wat hulle kan vorm miljoene jare .
die punt sal verlore wees as leerders nie tussen honderde en miljoene kan onderskei nie .
die onderwyser moet hieraan aandag gee en die betekenis tussen honderde en miljoene moet duidelik gemaak word .
die verbranding van steenkool produseer biljoene tonne koolstofdioksied elke jaar .
koolstofdioksied is een van die kweekhuisgasse wat bydra tot aardverwarming .
mense op aarde is besig om die afsettingsfossielbrandstowwe baie baie vinniger op te gebruik as wat hulle gemaak word aangesien hulle miljoene jare neem om gemaak te word !
kyk weer na die diagram van die kragstasie .
sien jy die rook wat afgegee word wanneer die steenkool gebrand word ?
dit veroorsaak groot besorgdheid oor die omgewing aangesien dit die atmosfeer besoedel .
ons gaan later in die hoofstuk kyk hoe om energie te genereer op te wek wat anders as fossielbrandstowwe hernubaar is .
het jy al jou ouers en ander volwassenes hoor praat oor lewenskoste ?
hulle herinner jou om ligte en ander toestelle af te skakel wat jy nie gebruik nie .
elektrisiteit is 'n duur hulpbron !
'n leerder mag dalk die redelike punt maak dat steenkool in elk geval verbrand word of ‘n mens die lig aanlos of nie .
die punt wat beklemtoon moet word is dat die gesamentlike moeite van almal wat elektrisiteit spaar sal lei tot 'n verminderde vraag na elektrisiteit en dus minder druk op die kragstasies .
elektrisiteit is duur omdat
wanneer elektriese energie in jou huis kom moet dit deur 'n meter gaan .
het jy al 'n wit houer buite jou huis gesien ?
dit is die elektrisiteitsmeter .
ons het al genoem dat sommige elektriese toestelle meer elektrisiteit as ander gebruik .
toestelle wat warm maak soos die warmwatersilinder of verwarmer gebruik die meeste energie .
hoe weet ons watter elektriese toestel meer elektrisiteit gebruik ?
hierdie kan 'n individuele taak wees .
dit is hoe ons uitvind !
instruksies
wys leerders op die verband tussen die eenheid w en kw waar 'n kilowatt 'n 1000 watt is .
net so met meter m en sentimeter cm en gram g en kilogram kg .
kyk ook na meter en millimeter mm en ampere a en milliampere ma .
teken al die kragwaardes in kolom 3 in watt op .
as die krag in kw gegee word vermenigvuldig die getal met 'n 1000 om die waarde in watt w te kry .
byvoorbeeld 2 kw × 1000 2000 w
as die toestel nie die waarde in w of kw wys nie kyk vir die hoeveelhede wat in volt v en milliampere ma aangedui is .
vermenigvuldig hierdie twee getalle en deel die antwoord deur 1000 om die krag in watt te kry .
byvoorbeeld 240 v × 150 ma 36 000 w
36 000 ÷ 1000 36 w
jy deel deur 1000 om te kompenseer daarvoor dat jy ma gebruik in plaas van a .
energie w volt v × stroom a
nota aan onderwyser die waardes in die tabel is nie presies nie maar die volgorde van grootte behoort soortgelyk te wees .
rangskik nou die toestelle in die volgende tabel volgens die drywing wat dit benodig .
die lys moet van die kleinste na die grootste waarde vir drywing gaan .
vrae
wat sien jy in die tabel ?
watter twee toestelle het die laagste drywingvereistes ?
watter ooreenkomste is daar tussen hierdie toestelle ?
moontlik die selfoonlaaier en die energiebesparende gloeilamp .
dit is klein en het net 'n klein hoeveelheid energie nodig om te werk .
die gloeilamp is spesiaal ontwerp om minder energie te gebruik .
watter twee toestelle sal die hoogste drywingvereistes hê ?
watter ooreenkomste is daar tussen hierdie toestelle ?
moontlik die ketel en yster of enige ander toestel wat vir hitte gebruik word .
elektrisiteit is duur so ons moet regtig probeer om dit te spaar .
dit is nie die enigste rede waarom ons elektrisiteit moet spaar nie .
onthou jy toe ons oor besoedeling wat kragstasies afgee gepraat het ?
waarom dink jy is dit belangrik om energie te probeer bespaar en die hoeveelheid elektrisiteit wat jy gebruik te verminder ?
die verbranding van steenkool in kragstasies produseer koolstofdioksied 'n kweekhuisgas wat bydra tot aardverwarming .
as genoeg mense die elektrisiteitsverbruik in hulle huise verminder sal dit die druk op die kragstasie verminder wat beteken dat hulle minder steenkool hoef te verbrand en daarom 'n kleiner impak op die natuur sal hê .
daar is baie maniere om elektrisiteit te spaar van klein aksies tot groter aksies soos om hernubare energiebronne te gebruik .
ons sal dit later in die hoofstuk bespreek .
hoe kan jy elektrisiteitsvermorsing in jou huis voorkom ?
noem 4 moontlike maniere .
gebruik energiebesparende gloeilampe installeer 'n waterverwarmer wat met son werk skakel alle elektriese toestelle wat nie gebruik word nie af gebruik so min as moontlik warm water .
ons het reeds bespreek hoe 'n wêreld sonder elektrisiteit sou wees en ons het besef hoe afhanklik ons van hierdie hulpbron is .
dit is onwettig vir enige iemand om elektrisiteit wat deur eskom opgewek is sonder hulle toestemming te gebruik .
party mense maak onwettige skakelings omdat hulle nie wil betaal vir elektrisiteit nie .
hulle sny deur die isolasiemateriaal van 'n kraglyn en heg ander kabels aan die lyn .
hulle lei dan hierdie elektrisiteit direk na hulle huise of werkplekke .
hierdie skakelings is gevaarlik vir mense omdat hulle onveilig is .
mense wat onwettige skakelings maak probeer elektrisiteit verniet kry maar die gevare wat daarmee saamgaan is nie die moeite werd nie .
dit is nie jou lewe werd nie !
ongelukke wat deur elektrisiteit veroorsaak word gebeur gereeld .
mense word gereeld beseer of word selfs doodgemaak deur elektrisiteit omdat hulle dit nie veilig gebruik nie .
dit is nie net belangrik om te weet hoe om elektrisiteit veilig te gebruik nie maar ook wat om te doen as iemand seerkry of geskok word deur elektrisiteit .
watter soorte noodgevalle kan by die huis of skool plaasvind as gevolg van elektrisiteit ?
iemand kan geskok word deur 'n oop kragprop of onbedekte draad iemand kan 'n elektriese toestel in of naby water gebruik en skok daar kan 'n kragonderbreking wees en wanneer iemand die probleem probeer reg maak kan hulle skok ens .
vind uit oor die nooddienste in jou area en skryf hulle name en telefoonnommers neer .
skryf hierdie inligting ook op 'n stuk papier en plak dit op die muur naby jou telefoon of êrens waar almal in jou huis dit kan sien .
oorweeg dit om 'n elektrisiën te kry om oor elektrisiteit en veiligheid met die klas te praat .
ongelukke met elektrisiteit kan vermy word .
ons moet net slim met elektrisiteit werk .
kom ons formuleer 'n paar veiligheidsreëls vir wanneer daar met elektrisiteit gewerk word .
dit is reeds in graad 5 gedoen maar dit is 'n goeie idee om dit weer te herhaal aangesien ongelukke met elektrisiteit gereeld by die huis of skool gebeur .
instruksies
elektrisiteit vloei nie elektriese strome vloei .
wees versigtig vir misverstande .
vrae
die persoon in die illustrasie gebruik 'n tafelmes om 'n muntstuk wat in 'n broodrooster geval het uit te haal sonder om die toestel af te skakel .
wat is die gevare van hierdie aksie ?
die persoon kan skok want elektrisiteit kan van die broodrooster deur die metaalmes na die persoon beweeg .
watter veiligheidsreël kan jy formuleer oor hierdie situasie ?
sit eers die broodrooster af en trek die prop uit en gebruik dan 'n hout of plastiekmes .
wat kan jy doen om die koord veilig te maak vir ons om te gebruik ?
vervang die koord of bind isoleerband om die gebreekte koord .
dit sal egter nie 'n kortsluiting voorkom as die drade binne in ook isoleermateriaal het wat verweer het nie .
dit is beter om die koord te vervang .
watter veiligheidsreël kan jy formuleer oor hierdie situasie ?
moet nooit 'n toestel gebruik wat 'n stukkende koord het of waar metaaldraad deur die oordomhulsel wys nie .
waarom is dit gevaarlik om die seun van die elektriese draad af te trek ?
elektrisiteit kan van een persoon na die volgende vloei so jy sal ook skok .
wat kan die persoon wat wil help doen om die seun te red sonder om ook deur die elektrisiteit geskok te word ?
gebruik 'n nie metaal plastiekvoorwerp om hom van die elektriese bron te verwyder .
watter veiligheidsreël kan jy formuleer oor hierdie situasie ?
moet nooit iemand wat geskok word probeer wegtrek van die toestel nie .
waarom is hierdie nie 'n veilige plek om te speel nie ?
hoë spanningsheinings kan jou skok selfs al staan jy naby aan hulle sonder om regtig daaraan te vat of jy mag dalk per ongeluk teen die heining stamp .
watter veiligheidsreël kan jy formuleer oor hierdie situasie ?
moet nooit naby of op elektriese heinings of kraglyne speel nie .
waarom is die verbindings gevaarlik ?
te veel elektrisiteit wat deur een kragprop vloei is gevaarlik .
een veelpuntige proppasstuk is veilig maar moenie verskillende passtukke in mekaar sit nie .
gebruik eerder 2 verskillende kragpunte .
die regte gevaar is dat deur die prop te oorlaai die stroombaan kan verhit en dit kan ‘n brand veroorsaak .
watter veiligheidsreël kan jy formuleer oor hierdie situasie ?
moet nooit te veel toestelle in een kontaksok sit nie .
waarom is dit gevaarlik vir kinders om buite te speel as daar 'n weerligstorm in die lug is ?
as hierdie kragtige natuurlike energie naby aan jou slaan sal dit deur jou by die grond probeer uitkom .
ons liggame is goeie geleiers van elektrisiteit .
waarom moet ons nie onder 'n boom speel as daar 'n storm is nie ?
die weerlig word deur hoë punte soos die boom aangetrek en kan die boom skok en enigiemand onder dit doodmaak .
verduidelik waarom dit nie 'n goeie idee is om te swem as daar weerlig in die lug is nie .
weerlig kan in die water slaan .
water met opgeloste stowwe soos sout of chloor daarin is 'n goeie geleier van elektrisiteit en jy kan skok en moontlik doodgaan as jy swem .
watter veiligheidsmaatreëls kan jy formuleer oor weerlig ?
moenie buite speel as daar donderweer en weerlig is nie .
waarom is 'n tuinier onveilig as hy die gras in die reën sny ?
gee ten minste twee redes .
water gelei elektrisiteit jy kan daarom skok as jy aan 'n toestel vat wanneer water in die kontaksok koord of motor drup .
hy dra ook nie skoene nie .
watter veiligheidsmaatreëls kan jy formuleer vir wanneer elektriese toestelle buite in die tuin gebruik word .
moet nooit elektriese toestelle buite in nat weer gebruik of as jy nat is nie .
dra skoene wanneer jy elektriese toestelle gebruik .
ons het hierbo gesien dat fossielbrandstowwe nie hernubare energiebronne is .
wat verstaan jy as jy die woord nie hernubaar lees ?
dit beteken dit kan nie hernu word of weer gebruik word nie .
daar is 'n beperkte hoeveelheid wat eendag opgebruik sal word .
as ons dus 'n energiebron gebruik wat nie hernubaar is watter probleem sal ons in die toekoms hê as die hulpbronne opraak ?
is daar ander bronne van energie ?
wetenskaplikes en ingenieurs soek maniere om energie aan te wend deur hernubare bronne .
'n hernubare bron is die teenoorgestelde van 'n nie hernubare bron .
dit sal nooit opraak nie en kan oor en oor gebruik word .
hernubare energiebronne sluit natuurlike verskynsels soos sonlig wind getye en plantegroei in .
die energie kom van die natuurlike prosesse wat oor en oor gebeur
hernubare energie video .
waarom dink jy kan natuurlike verskynsels soos sonlig en wind as hernubare bronne beskou word ?
elkeen wys iemand wat iets anders met elektrisiteit doen; die persoon doen iets gevaarlik .
hierdie is nog 'n plek waar ons oor die volgorde van grootte moet praat .
hierdie hulpbronne is beskikbaar so lank as wat die sonnestelsel in sy huidige vorm bly bestaan vir omtrent nog 3.5 biljoen jaar sê hulle .
hierdie bronne is dus hernubaar omdat dit altyd vir ons as 'n spesie beskikbaar sal wees selfs al bestaan ons vir nog 'n paar miljoen jaar ons is eintlik maar nog net 150 000 jaar lank op die aarde .
voorbeelde van hernubare energiebronne is
son wind en water kan as bronne van energie gebruik word .
sonpanele kan op huise aangebring word maar hierdie bron van hernubare energie is slegs op sonskyndae beskikbaar .
windenergie kan deur 'n windmeul of windturbines wat groot en raserig kan wees opgegaar word .
hidro elektriesekragstasies wend die energie in water wat in damme gestoor word aan .
dit is net moontlik in areas waar daar hoë berge en riviere is .
sonpanele wat sonenergie omskakel na elektriese energie word ook fotovoltaïes genoem .
daar is ook sonkrag waterverhitters maar dit is 'n ander stelse as sonpanele .
sonverhitters maak die water direk warm .
windenergie video
die eerste windmeule is in persië onwikkel ongeveer 600 vc .
die eerste windmeul wat egter elektrisiteit opgewek het was in denemarke in 1890 .
suid afrika het ook 'n groot reserwe uranium wat gebruik word in die koeberg kernkragstasie .
om te leer om te debatteer is 'n belangrike vaardigheid .
nadat jy hierdie aktiwiteit gedoen het kan jy jou debatvaardighede in die klas oefen deur twee groepe aan teenoorgestelde kante van die argument te kry .
elke groep moet verstaan dat hulle elke argument aan albei kante van die argument moet kan motiveer .
wat is die voordele en nadele van hernubare en nie hernubare bronne ?
daar is 'n groot debat rondom die gebruik van hernubare en nie hernubare bronne van energie .
kom ons neem deel aan die debat .
instruksies
hoe hidro elektrisiteit werk. video
as die tyd dit toelaat kan leerders 'n mini navorsingsprojek oor een van die hernubare energiehulpbronne doen en 'n plakkaat aan die klas aanbied waarin hulle vrae soos hoe word die hernubare energie ingewin en gebruik om elektrisiteit te produseer?”. word die hulpbron in suid afrika gebruik?” .
hierdie plakkate kan in die klaskamer opgeplak word sodat die res van die klas dit kan lees en daaruit kan leer .
die son produseer energie wat die plante vasvang en gebruik om kos te produseer deur fotosintese .
diere eet die plante .
toe die prehistoriese plante en diere miljoene jare gelede gesterf het het die oorblyfsels in fossielbrandstowwe soos steenkool olie en aardgasse verander .
dit was omdat hulle met lae sediment of modder en water bedek is wat mettertyd in rots verander het en groot druk en hitte op die oorblyfsels uitgeoefen het .
hierdie fossielbrandstowwe word vandag gemyn en van binne die aarde se kors bymekaargemaak .
olie word verwerk om petrol en diesel te maak en die energie van die fossielbrandstof word byvoorbeeld in motors gebruik waar dit gebrand word en die energie vrygestel word sodat die motor kan beweeg .
waarom is fossielbrandstowwe nie hernubare hulpbronne ?
dit is omdat daar 'n beperkte hoeveelheid fossielbrandstowwe is wat eendag sal opraak omdat ons fossielbrandstowwe vinniger gebruik as wat hulle gemaak word wat miljoene jare neem .
dit kan nie weer gebruik word nie .
skryf 'n paragraaf waarin jy beskryf hoekom jy dink mense alternatiewe energiebronne soos hernubare energiebronne behoort te ondersoek en hoe dit die aarde kan help .
antwoorde hang van leerders af maar jy moet assesseer of 'n leerder die vermoë het om 'n argument aan te bied en te motiveer .
sommige van die redes wat die leerders kan voorhou is die feit dat ons afhanklikheid van nie hernubare energiebronne nie volhoubaar is nie en 'n toekomstige probleem kan raak as dit opraak .
die verbranding van fossielbrandstowwe het ook 'n ernstige impak op die omgewing aangesien die koolstofdioksied wat vrygestel word bydra tot kweekhuisgasse en aardverwarming .
watter soort elektriese toestelle in ons huis gebruik die meeste energie in 'n spesifieke tyd ?
afhangend van die aktiwiteit maar gewoonlik toestelle wat hitte verskaf soos 'n warmwatersilinder of verwarmer .
verbeel jou jy moet 'n artikel vir jou plaaslike koerant skryf oor hoe om elektrisiteit in jou huis te bespaar .
gebruik jou verbeelding en skryf jou artikel waarin jy vir mense sê hoe om elektrisiteit te bespaar .
gebruik die spasie hieronder .
gee vir jou artikel 'n treffende titel .
assesseer leerders se vermoë om kreatief oor 'n wetenskapverwante onderwerp te skryf .
hulle moet die kennis wat hulle in die hoofstuk opgedoen het gebruik om iets kreatief te skryf .
wenke om elektrisiteit te bespaar kan van die volgende wees sit die ligte af as jy nie in die kamer is nie gebruik energiebesparende gloeilampe verminder storttyd sodat jy minder warm water gebruik sit die warmwatersilinder deur die dag af gebruik 'n gasstoof in plaas van 'n elektriese stoof en groter aksies soos om sonkrag te installeer ens .
hoe dink jy sal die besparing van elektrisiteit die druk op eskom se kragstasies verminder .
hoe meer elektrisiteit jy gebruik hoe meer steenkool moet by die kragstasies verbrand word om elektrisiteit te produseer .
deur elektrisiteit te spaar gebruik jy minder elektrisiteit .
wat is 'n onwettige elektriese skakelings ?
hoe dink jy kan die plaaslike regering dit keer of die hoeveelheid onwettige skakelings verminder .
'n onwettige skakeling is wanneer iemand toegang kry tot elektrisiteit deur 'n kraglyn te sny en 'n ander lyn daaraan te verbind sonder om daarvoor te betaal .
die plaaslike regering kan dit probeer stop deur eerstens te probeer om die armer gebiede met genoeg elektriese toegangspunte te voorsien rond te gaan en te kyk of daar gevaarlike skakelings is bewustheid oor die gevare van onwettige skakelings te verbeter deur advertensieborde radio die koerant ens .
assesseer enige ander relevante antwoorde wat die leerder mag hê .