title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
ProAgri SA 253 | This post is also available in: English
Elke plaas het ՚n storie. Ek het onlangs die voorreg gehad om deur die
Oos-Kaap te reis, en nog ՚n groter voorreg gehad om ՚n paar boere in
daardie deel van die land te kon besoek.
“Hierdie kar was die oubaas se koedoeskietkar,” vertel die een plaasbestuurder my naby Kookhuis.
“Hy het in die kar kom sit en wag, en dooierus gevat oor die stuurwiel wanneer die koedoes sy skape se weiding kom opvreet.” Die derde geslag van hierdie “Oubaas” se familie is vandag nog op die plaas bedrywig.
By ՚n ander boer naby die pragtige Oesterbaai vra ek hoe lank hulle familie
al op daardie plaas is. “Van 1904 af,” kryek die antwoord. Dit is nou 117 jaar
later en daardie familie sweet en werk en bou al saam aan daardie plaas vir
meer as ՚n eeu. Die pa en seun boer saam daar soos wat elke geslag voor
hulle gesorg het dat daar ՚n nalatenskap vir die volgende geslag sal wees.
Hierdie families werk jaar na jaar op hulle eie plase om te sorg dat daar ՚n
toekoms is vir hulle nageslag, en om te sorg dat daar genoeg kos is om die land uit hongersnood te hou.
Dan wonder ՚n mens hoe kan enige regering, politieke party of bevolkingsgroep hulle reg tot private eiendom in twyfel trek. As hulle wat die plase gebou en ontwikkel het tot waar dit vandag is nie die reg op eienaarskap van daardie grond het nie, wie het dan?
Onteiening sonder vergoeding, soos voorsien in die konsepwetsontwerp
asook die beoogde wysiging van artikel 25 van die Grondwet, sal nie net die
boere van Suid-Afrika raak nie, maar ook elke ander Suid-Afrikaner. As
boerdery ontwrig word, word almal geraak deur voedseltekorte en stygende voedselpryse. Ons hoop die regering neem hierdie feit in ag wanneer die wetsontwerp oorweeg word.
Intussen is ons boere steeds hard aan die werk en die 2021-oes lyk belowend. In hierdie uitgawe van ProAgri hoor ons suksesverhale van boere wat steeds aanhou om hulle passie vir landbou uit te leef.
Ons hoor graag van ons lesers. Indien jy graag jou plaas se storie wil deel,
kontak my gerus.
ProAgri-groete
Jaco Cilliers – jaco@proagri.co.za | https://www.proagri.co.za/proagri-sa-253/ | 2021-03-10 19:48:35 |
2020 Landrover Discovery Sport R-Dynamic D200 HSE | This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Landrover se opgegradeerde Discovery Sport is in die eerste kwartaal van 2020 plaaslik bekendgestel, maar ons het dit eers onlangs vir ‘n week onderhande kon neem.
Die Discovery Sport is ‘n mediumgrootte luukse SUV en bied 7-sitplekke. Ons het die D200 dieselweergawe bestuur wat met die top spesifikasievlak HSE toegerus is en boonop in die R-Dynamique sportiewe pakket afgewerk is. Dit was gou duidelik dat Landrover vasbeslote was om die 2020 Discovery Sport modelreeks ‘n omvattende opgradering in alle fasette te gee.
Van buite lyk die opgedateerde vooraansig met nuwe LED hoofligte sportief aggressief wat ook agter beklemtoon word met die drukvin op die agterklap. Ons toetsmodel was toegerus met die opsionele 21 duim pragtige allooiwiele en 245/45/R21 Pirelli bande wat die sportiewe voorkoms van die Discovery Sport verder onderstreep het. Terwyl hierdie wiele pragtig vertoon en vir goeie dinamika op die teerpad sorg, was dit eintlik ‘n nadeel wanneer sand of grondpaaie aangedurf word.
Die 2.0-liter turbodiesel enjin was lekker lewendig en het 147kW en 430Nm se piekkragte gelewer wat die krag na die pad deur al vier wiele stuur met behulp van ‘n seepgladde 9-gang outomatiese ratkas wat teen togsnelhede sorg dat die enjin teen uiters lae toere hardloop en gevolglik goeie brandstofverbruik aanteken.
Die 2020 model deel nou ‘n onderstel en platform met die meer moderne Range Rover Evoque wat tot gevolg het dat rigiditeit, vibrasies en geraasvlakke verminder is asook passasiergerief en veiligheid verbeter het.
Die kajuit is ook omvattend opgedateer en vertoon modern met uitstekende ergonomie. Landrover se nuutste infotainment stelsel is van die nuwe generasie toerusting in die 2020 Discovery Sport asook die innoverende opsionele “ClearSight” tru-spieeltjie wat wyehoek kleurbeelde vertoon van ‘n dakgemonteerde kamera wat na agter kyk. Die multifunksionele digitale instrumentpaneel is ook opsioneel.
Die binneruim vertoon “skoner” met goeie en duursame materiale wat in die HSE afwerking smaakvol vertoon en ‘n ambiaans skep van luuksheid sonder om die robuuste karakter te verloor van ‘n buitelug avontuur- en aktiwiteitsvoertuig.
Standaardtoerustingvlakke is verhoog en opgegradeer. Die Touch Pro raakskerm gebruik steeds die bekende Landrover/Range Rover ikone en werk intuitief met maklike koppeling via Android Auto of Apple CarPlay. Koordlose laaitafel, etlike USB kragsokke in die kajuit asook 4G wifi sone is van die toerusting in die nuwe Discovery Sport.
Getrou aan die Land Rover naam is die nuweling met ‘n grondvryhoogte van 212mm, volgens Landrover net so bekwaam in die veld as sy voorganger – uiteraard sonder die lae-profiel stadtekkies van ons toetswa wat nie uitdagende veldry sal kan hanteer nie. Ons kon wel grondpad en twee-spoor sandpaaie ry en danksy die 2020 model se 2de generasie “Active Driveline” en “Terrain Response” stelsels het die Discovery Sport sonder enige probleem deur die uitdagende dik sand gery met die ritmodus vir sandry ingeskakel.
Met heerlike paddinamika en uitstekende ritgehalte is die 2020 Discovery Sport net so gemaklik en tuis in die besige strate van Sandton of op die snelweg. Hantering en stuurgevoel boesem vertroue in deur die draaie en op die grondpad, met die 4-trek stelsel wat seker maak die vier wiele bly op die pad danksy uitstekende klouvermoë.
Slotsom
Die opgedateerde en verbeterde Landrover Discovery Sport bied veel meer gemak en luuksheid as die uitgaande model, sonder om sy hardebaard veldryer-beeld in te boet. Ook in stadsverkeer en op die ooppad is die rit meer verfyn terwyl die insittendes ‘n veel gemakliker kajuit in luuksheid kan beleef.
Tog kom dit teen ‘n premie en terwyl hierdie segment uiters kompeterend is met kopers wat die beste tegnologie, weelde en voorkoms najaag, is ‘n prys van meer as R1 miljoen steeds styf in hierdie segment. Met gerekende teenstanders uit Duitsland soos die Mercedes GLC, BMW X3 en Audi se Q5 asook ‘n netjiese Volvo XC60 uit Swede, gaan die stryd om kopers te lok hard en taai wees. Dalk is die veldryvermoë van die Disco Sport sy troefkaart. Dalk is dit die 7-sitplekke wat die ander nie tans bied nie.
Die 2020 Landrover Discovery Sport word verkoop met JLR se Care Plan as standaard wat ook ‘n waarborg en diensplan van 5 jaar/100 000 km insluit. | https://www.proagri.co.za/2020-landrover-discovery-sport-r-dynamic-d200-hse/ | 2021-02-28 20:38:52 |
Pioneer se plan vir boeredae in 2021 | This post is also available in: English
deur Tharien Hendrikse, bemarking- en kommunikasiespesialis, Pioneer
Ons almal het stilletjies gehoop dat dinge weer meer “normaal” sal wees hierdie jaar, maar helaas word ons steeds uitgedaag om op nuwe maniere met mekaar te praat en sake te doen.
Die tradisionele boeredae wat saadmaatskappye hou kan dus ook nie soos vantevore plaasvind nie, maar vir Pioneer het dit beteken dat ons buite die boks moes dink om steeds vir ons boere waardevolle inligting deur te gee en ons produkte te bemark.
Pioneer plant jaarliks duisende agronomieproewe om boere met plaaslike, op-die plaas gewasbestuurinsigte te voorsien. Hierdie proewe evalueer die interaksie van Genetika, Omgewing en Bestuur sodat produsente hulle risiko’s kan verlaag en die maksimum opbrengs kan behaal.
Die resultate stel ons in staat om die regte produk op die regte grond aan te beveel sodat die potensiaal vir optimale opbrengste bereik kan word. Proefdata en resultate word opgesom en gedeel in Pioneer se “Agronomie-navorsingopsommings”.
Saam met die proefinligting word onderwerpe soos plantdiepte by mielies, kopontwikkeling by mielies, digitale agronomiese proewe, DAT-preskripsiestandproewe, ons sojaboonprodukte, sonneblomme ensomeer bespreek.
Die data wat gegenereer word is baie waardevol om te bepaal waar ՚n produk inpas, waar dit nie pas nie en wat die beste gewasbestuurstrategieë s om te volg. Dit stel ons in staat om die beste en mees akkurate aanbevelings vir ons kliënte te kan maak.
Hierdie proewe sluit in beplande agronomieproewe soos PKF- en DAT-proewe – hier word gekyk hoe die baster met ander elemente (byvoorbeeld plantpopulasie, swambespuitings en rywydte) saamwerk en reageer. Genetiese proewe waar daar na produk alleen gekyk word, soos PKP-proewe, word ook geplant, asook ander beplande eksperimentele proewe soos wat nodig is om inligting te versamel.
2020 was ՚n moeilike en uitdagende jaar vir Suid-Afrika asook die res van die wêreld, maar ondanks moeilike omstandighede, inperkings en struikelblokke en danksy almal se harde werk, deursettingsvermoë en goeie reën word ՚n uitstekende oes hierdie seisoen verwag, sê Emile van den Berg, Pioneer se agronomiebestuurder.
“Agronomie se doel is om verwagtinge te bestuur en om verrassings uit te skakel en daarom is Pioneer se slagspreuk ‘Gemaak Om Te Groei’.”
Die proewe lyk werklik baie mooi hierdie jaar, reënval was goed oor die grootste gedeeltes van die land en dit is so jammer dat ons nie op groot skaal en persoonlik kan spog met die mooi mielies, sojabone en sonneblomme nie. Gelukkig laat die tegnologie van vandag ons toe om op nuwe en beter maniere inligting te kan deel en vind Pioneer se agronomiedae van 2021 op twee platforms plaas: virtueel en in-die-veld.
Pioneer is toegewyd om gewasbestuur te verbeter. Ons missie is om graanproduksie te maksimaliseer deur nuttige inligting te voorsien wat gegrond is op intensiewe en nuutskeppende navorsing.
Pioneer se Virtuele Agronomiedae
Die virtuele platform is beskikbaar vir enigiemand om te gaan kyk. Ons span landboukundiges het video-opnames gemaak van al die inligting wat gewoonlik by ՚n in-die-veld boeredag gedeel sal word. Proefinligting vir die Oostelike en Westelike streke word gedeel en ons twee produkagronome vertel alles van die nuutste Pioneer-genetika. Die produkte se eienskappe word bespreek, tesame met aanbevelings vir jou spesifieke behoeftes.
Mauritz van Heerden, produkagronoom van die Ooste, sê iets wat baie belangrik is om na te kyk is spesifieke genetika (of kultivars) vir spesifieke omgewings. Wanneer die kultivar in die spesifieke omgewing geplant word, het die omgewing ՚n regstreekse en onregstreekse invloed op hierdie kultivar, wat uiteindelik op ՚n sekere manier reageer op die omgewing.
Die belangrikheid van kultivarkeuse kan in ՚n drie dele saamgevat word: opbrengs, aanpasbaarheid en stabiliteit oor seisoene. Saam met die proefinligting word onderwerpe soos plantdiepte by mielies, kopontwikkeling by mielies, digitale agronomiese proewe, DAT-preskripsiestandproewe, ons sojaboonprodukte, sonneblomme ensomeer bespreek. Pioneer werk ook nou saam met chemiese maatskappye en ons houermaatskappy, Corteva Agriscience, deel waardevolle inligting oor “Voorkomende swambeheer by mielies”.
Wanneer Pioneer ՚n nuwe produk in die mark bekendstel, is ons toegewy aan die taak. Ons filosofie rakende produkrentmeesterskap behels die verantwoordelike bestuur van ons tegnologieë se lewensiklusse in alle opsigte en daarom is ՚n praatjie oor rentmeesterskap ook op die platform beskikbaar.
Die proewe wat jaarliks geplant word, evalueer die interaksie van Genetika, Omgewing en Bestuur sodat produsente hulle risiko’s kan verlaag en die maksimum opbrengs kan behaal.
Pioneer In-die-Veld Agronomiedae
Weens Covid-regulasies en ons maatskappy se verbintenis om altyd die veiligheid van ons mense, produsente en die publiek eerste te stel, hou ons wel in-die-veld Agronomiedae, maar op ՚n baie beperkende wyse. Bywoning word slegs na vooraf registrasie toegelaat en vind dan op rotasiegrondslag plaas van ’n maksimum van tien persone wat uurliks afwissel.
Ons stel dus voor dat jy die virtuele platform besoek en slegs indien jy dan werklik persoonlik na die genetika wil gaan kyk en ander vrae het, die in-dieveld dae sal bywoon. Hierdie bywoning is heeltemal vrywillig en streng veiligheidsprotokolle word gevolg.
Pioneer plant jaarliks duisende agronomieproewe om boere met plaaslike, op-die-plaas gewasbestuursinsigte te voorsien.
՚n Rooster van die datums asook die registrasieproses is op die virtuele platform beskikbaar. By Pioneer is ons toegewyd besig om gewasbestuur te verbeter. Ons missie is om graanproduksie te maksimaliseer deur nuttige inligting te voorsien wat gegrond is op intensiewe en nuutskeppende navorsing. Ons streef daarna om die lewens te verryk van diegene wat produseer en verbruik, en daardeur vooruitgang te verseker vir toekomstige geslagte.
Die data wat gegenereer word is baie waardevol om te bepaal waar ՚n produk inpas, waar dit nie pas nie en wat die beste gewasbestuurstrategieë is om te volg. Dit stel ons in staat om die beste en mees akkurate aanbevelings vir ons kliënte te kan maak.
Vir meer inligting, stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com, of kontak jou naaste Pioneer-verkoopsagent of landboukundige. | https://www.proagri.co.za/pioneer-se-plan-vir-boeredae-in-2021/ | 2021-03-14 15:47:08 |
Boer meer produktief, gemakliker en groter: John Deere 8R-trekkers | This post is also available in: English
As wêreldleier in landboutegnologie spits John Deere hom daarop toe om boere te help met die uitdagings van landbou. Die 8R-reeks trekkers is die grootste, sterkste en slimste trekkers nog wat deur dié internasionale plaastoerustingvervaardiger op die mark gesit is, en bied uitsonderlike opsies en keuses wat elke boerdery in staat sal stel om meer produktief te wees met behulp van die jongste tegnologie, saamgevat in ‘n buitengwone ervaring.
Tegnologie is die kernpunt van ‘n doeltreffende en volhoubare agri-besigheid en daarom het John Deere met die ontwerp van die 8R-reeks seker gemaak dat tegnologie ook die gebruikservaring van die trekkers verhoog.
In ons huidige ekonomiese omstandighede is dit vanselfsprekend om jou sente om te draai, en dan soms nog weer ‘n keer. Vir jou masjienerie om vir jou die beste uitsette te lewer, moet jou masjien geoptimaliseer word tot jou voordeel, en John Deere is daar om jou te help daarmee. Die 8R-trekker bied ‘n wêreldklas transmissie opsie. Met die revolusionere e23™ transmissie het jy die opsie van 3 verskei transmissies om van te kies, waarvan Efficiency Manager™ ‘n gunsteling is. Met 23 vorentoe en 11 agtertoe ratverwisselings, kombineer die e23 geleidelike ratverwisselinge met die regte hoeveelheid krag lewering.
Opsoek na betroubare meganiese trek krag van ‘n PowerShift asook die auotomatiese vermoë van ‘n AutoPowr/IVT, is die e23 die regte opsie vir jou. Met 23 vorentoe en 11 agtertoe ratverwisselings, kombineer die e23 geleidelike ratverwisselinge met die regte hoeveelheid krag lewering. Automatiese kenmerke soos die AutoClutch, Efficiency Manager, full AUTO mode, custom mode, en Eco Mode bied AutoPowr/IVT presisie in ‘n PowerShift transmissie.
Die 8R-reeks is in vyf wieltrekkers en drie rusperbandmodelle beskikbaar. Die internasionaal bekroonde 8RX-model is die eerste vasteraamtrekker met vier rusperbande en is spesiaal ontwerp om die grond te beskerm sonder om doeltreffendheid in te boet. Dit het die minste kompaksie van trekkers in sy klas, met ’n maksimum spoorwydte van 3 meter.
Die kajuituitleg laat die boer toe om selfs nog langer ure te werk sonder dat hy dit eers agterkom. Vir sigbaarheid, gemak en gerief is daar verskillende pakette beskikbaar. Die 8R-reeks bied drie kajuitgeriefspakette: Select, Premium en Ultimate. Die nuwe eienaar kan dus uitsien na gemakeienskappe soos lugverkoeling, leersitplekke, draaistoele om sigbaarheid van implimente agter die trekker te verbeter, ingeboude yskas en Bluetooth-verenigbare klanksisteem. Die stilering en gerief van die nuwe 8R-reeks se kajuit plaas dit in klas van sy eie. Praktiese verbeterings is groter trappe, ’n laer buite deurhandvatsel, ’n wyer ingang en meer kopruimte.
Gebruiksgerief word verder moontlik gemaak deur die ILS (Independent-Link Suspension of Onafhanklike-skakel Suspensie). Met die gevorderde ILS-sisteem hoef die trekkeroperateur nie self te besluit of die stelsel aan of af moet wees nie. Die gevorderde John Deere elektroniese bestuurssisteem besluit self wanneer die sisteem aangeskakel moet word. Die ILS-sisteem gee meer kraglewering omdat die voorwiele grondkontakdruk behou. Dit veroorsaak rygerief in die veld en ook op paaie, verhoog “ballasting flexibility” and verlaag die geneigdheid tot “power hop” drasties.
Produktiwiteit en lang werksure loop hand-aan-hand en daarom gee John Deere se 8R-reeks baie aandag aan sigbaarheid. Vir langer werksure het die trekker genoeg ligte om in die donkerte van die nag helder daglig reg rondom die werktuig te gee. Die 360º-LED beligtingstelsel is 60% helderder as vantevore. Sonskerms vir die dag en kameras voor en agter die trekker help verder om sigbaarheid te verbeter.
Slim en bruikbare ratkastegnologie maak dit maklik om met die 8R-reeks te werk. Die John Deere Automatic PowerShift-ratkas met sy 16 vorentoe- en 5 truratte maak trekkerbestuur ‘n groot genot. Die ratkas skakel vanself oor na laer of hoër versnellings soos toestande dit vereis. Wanneer die trekker ‘n draai in die lande moet maak, skakel die ratkas terug om die enjinomwentelinge laer te hou.
Die AutoPowr-ratkas verseker ook groter trekkrag teen laer snelhede en dit is moontlik om meer hektaar per uur te bewerk en om die verstelling te kies wat die beste brandstof-doeltreffenheid vir elke taak bied. Terselfdertyd sorg uitlaatgashersirkulasie vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting.
Bron: Shift ONE on behalf of John Deere | https://www.proagri.co.za/boer-meer-produktief-gemakliker-en-groter-john-deere-8r-trekkers/ | 2021-03-08 00:00:00 |
Help ons wildboere en #GaanJag! | This post is also available in: English
Die wildbedryf in Suid-Afrika het vanweë drakoniese beperkings op jag onder COVID-19-regulasies ’n ernstige terugslag beleef.
’n Wesenlike deel van die meer as R16-miljard wat die bedryf jaarliks tot die ekonomie bydra, is van buitelandse trofeejagters afhanklik en hulle kon verlede jaar nie kom nie. Vanjaar gaan dit nie veel beter nie en wildboere het ál die hulp nodig wat hulle kan kry.
Saai, WRSA, Meerkat Veilings en Buffelsfontein Beesboerdery Restaurant werk saam om oplossings vir die finansiële uitdagings in die wildbedryf te ontwikkel. Daar moet ’n inkomstebrug oor die COVID-19-verwante uitdagings vir die wildbedryf gebou word wat familieboere op hulle plase kan hou, wat nie van buitelandse besoekers afhanklik is nie en wat op groot skaal geïmplementeer kan word. Vandaar die unieke vennootskap tussen ’n netwerk vir familieboere, die bedryfstruktuur vir wildboere, ’n digitale bemarkingsplatform en ’n bekende toonaangewende restaurant.
Oor die kort termyn is daar nie alternatiewe vir meer aggressiewe bemarking van produkte in die wildbedryf nie, met die uitdaging om soveel meer plaaslike jagters te mobiliseer dat hulle die mees kritieke gate kan toestop wat buitelandse jagters laat. Daardie biltongjagters wat dalk nie elke jaar in die veld kom nie, moet gemotiveer en bygestaan word om dit vanjaar te doen, want elke plaaslike jagter wat hierdie seisoen op ’n wildplaas gaan skiet of kuier, beteken ’n tree nader aan oorlewing vir daardie wildboer.
Die belangrikste produk van wild buiten trofeejag is die vleis. Dit is die mees organies verboude rooivleis, die lekkerste biltong, die goedkoopste proteïen en die natuurlikste biefstukke of wors op ’n braaivleisvuur of ’n bord, en boonop is dit ’n luuksheid.
’n Groot deel van die omset in die wildbedryf word gegenereer deur die lewendige verkoop van wild aan wildplase vir teel- of jagdoeleindes. Albei word egter gestimuleer deur die jagters wat ’n vraag daarna skep.
Al hierdie dimensies van die wild-en-jagmark is gelyktydig in gisteraand se #GaanJagDag-geleentheid bearbei by die Buffelsfontein Beesboerdery Restaurant in Menlopark. Wildvleis is op verskeie innoverende maniere opgedis aan gaste, waaronder van ons voorste kleinhandel-vleisverspreiders, restaurant- en hotelgroepe, om die vraag na wildvleis ’n hupstoot te gee.
Jagpakkette word op die nuwe digitale landbouveilingplatform Meerkat verkoop, met ’n fasiliteit vir elke wildboer in Suid-Afrika om sy pakkette vorentoe ook op te laai. Deur die nuutste data- en digitale tegnologie in te span, poog Saai en WRSA om ook nuwe momentum in die plaaslike jagmark te skep. Soos enige landbouproduktemark word Meerkat die digitale plein waar kopers en verkopers mekaar ontmoet en die pryse deur vraag en aanbod vasgestel word.
In hierdie grootse poging om reddingsboeie vir familiegebaseerde wildboere uit te gooi, het Saai en WRSA elke helpende hand wat uitgesteek word, baie nodig. Dit gaan oor veel meer as jag, biltong, braai of saam kuier. Dit gaan oor ’n gesin op ’n familieplaas waar hulle naam aan die hekpaal hang, en wat jou deelname nou nodig het!
As jy ’n wildboer is wat jou jagpakket wil oplaai, klik hier: https://forms.gle/AsuMHesDynCCP1Hz7
Bron: SAAI | https://www.proagri.co.za/help-ons-wildboere-en-gaanjag/ | 2021-03-30 20:36:48 |
SA suiwelproduk van die jaar: Driekuns vir Woolworths Mature Gouda | This post is also available in: English
Lactalis South Africa se 10-maande Mature Gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings op Vrydag 26 Maart 2021 by Cavalli Estate buite Stellenbosch vir ‘n ongeëwenaarde derde keer as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon.
Dié prestasie is ‘n eerste vir die SA Suiwelkampioenskappe, wat vanjaar sy 188ste bestaansjaar vier.
Die Gouda, ʼn aromatiese en intens-gegeurde kaas, was een van byna 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat meegeding het om die aandag van 60 beoordelaars. Slegs agt produkte uit die groot getal inskrywings is met die Qualité-merk van gehalte vereer (sien volledige lys van die crème de la crème onder), terwyl 106 as SA Kampioene – die wenners in elke kampioenskapklas – aangewys is.
“Vir ‘n produk om gekies te word as Produk van die Jaar in ‘n kompetisie van hierdie omvang, is die droom van elke kaasmaker,” sê suiwelkenner en hoofbeoordelaar Alan Fourie. “Dat hierdie eer vanjaar se wenner van die gesogte titel vir die derde keer te beurt val, is uitsonderlik. Die Woolworths 10-maande Mature Gouda is voorwaar ‘n produk wat die toets van die tye deurstaan het, maar ook ‘n bewys van volgehoue gebruik van uitstekende bestandele. Tegnies en gastronomies is dit so na aan perfek as wat ‘n kaasproduk kan kom.”
Marek Warzywoda, Hoofbestuurder: Lactalis South Africa (LSA), sê sy span is verheug daaroor dat die besondere Extra Mature Gouda vir ‘n ongekende derde keer as Produk van die Jaar aangewys is. “Boonop is dit ook die vierde keer dat ons die algehele toptoekenning in vyf jaar behaal. Die LSA-span se harde werk, toewyding en ambisie om produkte van topgehalte te vervaardig, het weer vrugte afgewerp. Ons is geweldig trots op ons 2021 SA Suiwelkampioenskappe prestasie.”
Warzywoda het Agri-Expo ook gekomplimenteer met die organisering van “nog ‘n suksesvolle SA Suiwelkampioenskappe en -toekennings”.
ENIGSTE GROOT SUIWELKOMPETISIE WÊRELDWYD TYDENS COVID-19
Die SA Suiwelkampioenskappe word reeds sedert 1834 met groot sukses deur Agri-Expo aangebied. Volgens Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, is die meeste belangrike internasionale suiwelbyeenkomste wêreldwyd in 2020 gekanselleer en in 2021 uitgestel. “Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is trouens die enigste groot suiwelkampioenskap in die wêreld wat in 2020 en 2021 plaasgevind het,” sê Ehlers. “Om dit moontlik te maak, moes ons die beoordelingsproses aanpas tot twee dae en die toekennings as ‘n hibriede geleentheid aanbied.”
Die groot getal inskrywings en buitengewone produkte wat vanjaar ingeskryf is, is volgens Ehlers redes om optimisties te wees oor die toekoms van die suiwelbedryf in Suid-Afrika: “Vanjaar se uitslae getuig van ‘n innoverende bedryf en gesonde kompetisie tussen individue, klein en medium ondernemings, sowel as nasionale en internasionale maatskappye.”
Agri-Expo bedank graag die Platinum-vennoot Synercore asook al die ander vennote van die SA Suiwelkampioenskappe vir hul toewyding tot die ontwikkeling van die suiwelbedryf, naamlik AECI Food & Beverage, die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Condio, Hollard, die Melkprodusente-organisasie (MPO), The Dairy Mail, Woolworths, MANE, Orchem, Polyoak Packaging, IMCD en Tetra Pak.
Die SA Suiweltoekennings kan steeds besigtig word by www.cheesesa.co.za/sadairyawards.
2021 QUALITÉ WENNERS:
Clover – Frankfort (2) Mooi River Salted Butter
Clover Salted Butter Mini Tubs
Lactalis South Africa – Ladismith (2) Woolworths Mature Gouda – 10 Months Matured
Président Mature Gouda – 6 Months Matured
De Pekelaar Boerenkaas De Pekelaar Boerenkaas Old
Famous Brands Cheese Company Steers Processed Cream Cheese Spread – Onion and Chives
Fairview Cheese Company Woolworths Chevin with Garlic and Herb
Fair Cape Dairies Checkers Vanilla Flavoured Custard
Vir meer inligting en die volledige uitslae, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021-975-4440 of cheese@agriexpo.co.za
Bron: Agri-Expo | https://www.proagri.co.za/sa-suiwelproduk-van-die-jaar-driekuns-vir-woolworths-mature-gouda/ | 2021-03-29 16:49:09 |
Lindsay Afrika: Zimmatic bring die Internet na jou plaas toe | This post is also available in: English
“My pa het gewoonlik die kleppe naby die land oopgemaak, in die pomphuis afgeklim om die pomp aan te skakel en dan weer opgeklim om die spilpunt aan te skakel en te kyk of die water spuit en of alles behoorlik werk. Twee uur later moes hy alles weer doen. Die pomp afsit, die klep toedraai en teruggaan na die spilpunt om dit oor te skakel om in ‘n ander rigting te spuit,” sê Chris Botha.
Daardie dae is lankal verby op die Botha’s se plaas naby aan die Groblersbrug-grenspos na Botswana.
Chris neem ‘n blaaskans van sy uieplantery om met ProAgri te gesels.
Waar ons in die koelte op sy groen grasperk sit, wys hy die kleurvolle grafieke op sy foon wat elke spilpunt op die plaas se posisie en werking aandui.
“Dit is nou alles hier in my hand,” verduidelik hy.
“Met Zimmatic se FieldNET-dienste en Ethernet-koppelings, is ek nie eers afhanklik van selfoonseine en torings nie.”
Chris Botha van Swartwater langs die Botswana grens, wys hoe sy pa moes afklim na die pomphuis om die pomp aan te skakel, wat hy nou van sy selfoon af kan doen.
Stap die pad saam met Zimmatic
Chris is die derde geslag op die plaas. Hy sê kort nadat hulle ‘n Eskom-aansluiting op die plaas gekry het, het sy pa twee Zimmatic-spilpunte gekoop. Met water wat regstreeks uit die Limpoporivier kom, maak dit sin om die beste besproeiingstelsel moontlik te installeer.
Deur die jare het hulle ‘n pad gestap met Zimmatic en hulle plaaslike kundiges van Obaro en die voordele geniet van die beste tegnologie en dienslewering. Tans is daar agt spilpunte wat loop.
Slegs een van hulle spilpunte is nie ‘n Zimmatic nie, maar dit het ‘n Zimmatic-beheerstelsel. Die eerste twee spilpunte het elk ses torings wat 45 hektaar besproei. Die nuwer spilpunte het elk vier torings wat 15 hektaar besproei en wat dit meer hanteerbaar maak om afwisselend te plant. Elke sirkel is verdeel in kwarte met verskillende plant- en oestye.
Chris plant 70 hektaar uie en 40 hektaar aartappels in ‘n intensiewe bestuursproses en gebruik biologies vriendelike metodes van produksie sover moontlik.
Middels vir bemesting en insekbeheer word deur die spilpunte toegedien en al die toepassings kan van sy foon af beheer word.
Met die splinternuwe Zimmatic 712-beheerpaneel is Chris Botha aan die voorpunt met al die jongste tegnologie in spilpuntbeheer.
Tegnologie se baas
Chris is ‘n tegnologie-verslaafde. Selfs voor die afstandbeheer van spilpunte algemeen aanvaarde praktyk geword het, het hy sy stelsel aan- en afgeskakel deur radiobeheer, die ou walkie-talkies!
“Dit het gewerk, maar het geklink soos ‘n polisiestasie met al die “tiengeliengs” wat afgegaan het,” lag hy.
Zimmatic se FieldNET-stelsel is soveel beter en FieldNET het ook ‘n landboukundige diens wat berekenings kan doen vir jou presisiebesproeiingstoepassings gegrond op grondsoort, spesifieke gewasse en klimaatinligting.
Chris sê in een land kan jy tot vier verskillende soorte grond hê, elk met sy eie besproeiingsbehoeftes. Met FieldNET se presiese GPS-beheer kan jy die regte volume water oor die regte tydsperiode in elke afdeling van die sirkel toedien om seker te maak die water is beskikbaar vir plante wanneer en waar hulle dit die nodigste het.
“Zimmatic hou aan om hulle stelsels te verbeter, ons as boere moet net bybly.”
Een van die uitdagings wat Chris vroeër ervaar het met die gebruik van selfoonseine is dat die plaaslike selfoontorings afgaan as die krag af is, wat veral gebeur gedurende beurtkrag.
Die rugsteunkrag op die plaas kan die pompe en die spilpunte laat aanhou loop, maar as die toring af is moet die beheer weer met die hand gedoen word.
Lindsay Afrika verskaf groot oplossings vir boere in Afrika met die klein boksie. Ethernet bring die Internet na die plaas toe.
Lindsay Afrika, die verspreiders van Zimmatic-toerusting in Afrika, het met ‘n pasmaakoplossing vorendag gekom: Ethernet.
Ethernet is ‘n manier om Internet op die beste moontlike manier na die plaas toe te bring.
Dit bied verbinding in vele verskillende vorms, insluitend WAN, ADSL, 3G en satelliet. Dit beteken oplossings wat aangepas kan word om aan die vereistes van elke plaas te voldoen.
Op Chris se plaas is al die komponente op ‘n Wi-Fi-stelsel waar alles met mekaar kommunikeer deur ‘n beheersentrum in Amerika deur satellietverbinding. Die reaksietyd is onmiddellik.
“Ek is heeltemal afhanklik van FieldNET. As enige iets verkeerd sou gaan met die stelsel, moet Obaro vir my ‘n nuwe een bring, soos blits!”
Kry die beste in besproeiingsbeheer. Kontak Tanya Brits by 021-986-8900 of tanya.brits@lindsayafrica.co.za. Besoek www.lindsay.com om jou naaste handelaar te vind. | https://www.proagri.co.za/lindsay-afrika-zimmatic-bring-die-internet-na-jou-plaas-toe/ | 2021-03-01 00:00:00 |
Laaste kans om skriftelike voorleggings te maak om duur onteiening te stop | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hul voorlegging oor die wetsontwerp op onteiening van die Parlement wat hierdie Sondag, 28 Februarie 2021, eindig in te dien.
Dit is die einde van die skriftelike voorleggingsproses oor ‘n beleid wat, indien dit gepromulgeer word, langdurige negatiewe gevolge vir alle Suid-Afrikaners in die toekoms kan hê.
VL verwerp dit om enige beginsel in ons wetgewing in te stel waardeur geen vergoeding vir iemand se eiendom betaal kan word nie. Ons glo dat veilige eiendomsreg die basis is om beleggings te lok en herbelegging in hul eie eiendom moontlik te maak om dit te ontwikkel, op te bou en te beskerm vir toekomstige geslagte.
Afgesien van die makro-ekonomiese koste van die onsekerheid wat onteiening sonder vergoeding (OSV) ingelui het net deurdat die ANC dit in hul manifes aanvaar, is die direkte koste om ‘n prys vir grond te onderhandel en ‘n regverdige en billike waarde deur die howe te bepaal indien dit gevolg word in die prosedures soos uiteengesit in die wetsontwerp, kan waarskynlik meer wees as die markwaarde van die spesifieke land! Dus kos dit meer as om grond op die ope mark te koop en
bespoedig beslis nie die proses van grondhervorming nie.
Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) het gewaarsku dat “’n hofuitdaging nie altyd prakties moontlik sal wees nie. Vanweë die manier waarop die proses gestruktureer is, sal eiendomseienaars waarskynlik onteiening moet betwis nadat hulle reeds die eiendom verloor het en indirekte skade,
soos moontlike verlies aan inkomste, gely het.”
“VL is ernstig besorg oor wie die koste van sulke hofgedinge dra? Indien dit die boer is en hy verloor sy boerdery, asook al die kapitaal wat hy/sy bestee het om vir die boerdery te veg, is daar geen manier dat hy in ‘n soortgelyke posisie kan wees as voor onteiening nie. Dit is ‘n wêreldwyeaanvaarde beginsel by onteiening,” het Francois Wilken, president van die VL, gesê.
Vir ‘n bankrot staat word die deur egter oopgemaak dat die Onteieningswetsontwerp die Grondwet van Suid-Afrika wil wysig ten opsigte van die vergoeding betaalbaar aan die eienaar van die eiendom
of die houer van ongeregistreerde regte, deurdat vergoeding in sekere omstandighede nie betaalbaar sal wees nie, d.w.s. onteiening sonder vergoeding. Die wetsontwerp, in teenstelling met die huidige onteieningswet, plaas nie ‘n verpligting op ‘n onteieningsowerheid om vergoeding aan die eienaar of houer te betaal nie. Hierdie ongebreidelde en ontoerekeningsvatbare mag vir enige regerende party sou uiters gevaarlik wees om aan ‘n onteieningsgesag toe te laat.
Enigiemand wat die Wysigingswetsontwerp op Onteiening in sy huidige vorm wil opponeer, kan hul insette op Vrystaat Landbou se webwerf by https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/ aanteken.
Hierdie insette sal steeds aan die parlement deurgegee word om by te voeg tot die 85 000 burgers wat reeds die posisie van Vrystaat Landbou ondersteun het, en sal deel vorm van ons argument teen OSV tydens mondelinge voorlegging later vanjaar in die parlement en tydens die provinsiale openbare verhore.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/laaste-kans-om-skriftelike-voorleggings-te-maak-om-duur-onteiening-te-stop/ | 2021-02-26 16:39:29 |
Stel eise in teen swak paaie en verliese | This post is also available in: English
Gemeenskapslede van regoor die Vrystaat is woedend na aanleiding van die soveelste motorongeluk op die R103 tussen Warden en Vrede waarin ʼn jong onderwyser en twee vragmotor insittendes verlede week Vrydag oorlede is.
“Die regering se arrogante en ongeërgde houding kan nie meer geduld word nie. Hoeveel lewensverliese moet daar nog wees voor die regering gaan optree?” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.
Wilken meen die departement van paaie moet aanspreeklik gehou word vir die ongelukke, weens die nalatigheid om die paaie voldoende in stand te hou en te herstel waar nodig.
Volgens Johann du Toit, ’n skoolhoof in die Memel-omgewing en een van die eerste persone op die toneel waartydens die drie persone verlede Vrydag oorlede is, meen die gemeenskappe van Memel, Warden en Vrede is moeg gepraat.
’n WhatsApp-groep onder leiding van Du Toit, skets die verhaal van die gemeenskappe se vrees om die paaie te gebruik en duisende rande se skade aan voertuie weens die haglike verval. Die drie gemeenskappe is in die proses om ’n komitee saam te stel wat verskeie aksies, soos ’n petisie, sal bespreek om optrede van die departement te eis.
Intussen moedig Francois Wilken die publiek aan om gebruik te maak van die eis prosedure en eisvorm vir skade aan ’n motorvoertuig, soos voorsien deur die departement van paaie.
Hy versoek ook dat ’n afskrif van die voltooide dokument na indiening by die departement aan Vrystaat Landbou gestuur by info@vslandbou.co.za word vir rekorddoeleindes.
“Ons kan nie net terugsit en dinge aanvaar soos dit is en stilbly nie. Dit het lankal reeds tyd geword vir die regering om kennis te neem van gemeenskappe se ongelukkigheid. Ons gaan aanhou druk plaas tot daar resultate is.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/stel-eise-in-teen-swak-paaie-en-verliese/ | 2021-03-10 20:14:26 |
VL gaan publiek se standpunte ook verteenwoordig oor OSV | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou het vandag ʼn brief aan die hoofswepe van verteenwoordigende politieke partye in die parlement gestuur in ʼn poging om elke parlementslid te herinner aan sy belofte en taak om die land en sy mense te dien.
Die organisasie beklemtoon dat parlementslede die Onteieningwetsontwerp met deursigtigheid en wysheid moet oordeel. Die realistiese uitkomste en risiko’s wat dié wet in sy huidige formaat vir mense en kinders se toekoms inhou is katastrofies.
Die Parlementêre komitee het dié week bekend gemaak wat die moontlike datums vir mondelinge submissies rakende die Onteiening Wetsontwerp (B23-2020) is. Dit gaan gedurende 24 en 25 Maart 2021 aangehoor word deur lede van die komitee, verteenwoordig vanuit die verskeie politieke partye.
“Ons weet hoe mense op grondvlak voel oor onteiening sonder vergoeding. Ons wil dit onomwonde stel dat mense in Suid-Afrika ʼn goeie en standvastige werk soek met goeie opleiding en ‘n werkende staatsdiens. Mense soek nie grond nie. Politici moet ophou om grond en boere te gebruik as ʼn tema om populistiese uitsprake te maak omdat hulle nie verantwoordelikheid wil neem vir die ineenstorting van ‘n staatsdiens
en ʼn krimpende ekonomie nie,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat
Landbou.
Volgens Wilken moet parlementslede kennis neem van die risiko’s verbonde aan swak wetgewing wat geskoei is op uitgediende radikale ideologieë. Vrystaat Landbou is een van die organisasies wat mondelinge submissies gaan maak aan die parlementêre komitee.
Vrystaat Landbou lys sommige van die risikos as:
Die wetsontwerp bring reeds beleidsonsekerheid en met die inwerkingstelling
daarvan sal kapitale investering gestop word in groot dele van die ekonomie. Die vae beskrywing van “openbare belang” en “eiendom” beteken dat die
staat alle eiendom kan onteien. Die vernietiging van eiendomsreg. Sonder eiendomsreg sal onsekerheid uitbrei en heers in die markte wat
verdere ekonomiese inkrimping en werksverliese gaan veroorsaak. Onrealistiese verwagtinge wat geskep is in aanloop tot dié wet gaan onstabiliteit in die land vererger.
“Ons gaan gewone Suid-Afrikaners se standpunte verteenwoordig en hulle gevoelprobeer verwoord teen die vernietigende wetgewing. Vrystaat Landbou sal saam metsy lede en individue byna 86 000 mense verteenwoordig. Elke Parlementêre lid gaanhoor wat die negatiewe inpak van dié wet op ons mense gaan wees,” sê Wilken.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vl-gaan-publiek-se-standpunte-ook-verteenwoordig-oor-osv/ | 2021-03-16 21:00:17 |
2020 Ford Tourneo Custom 2.0 Limited: Die lekker alternatief | This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Baie lank gelede, om presies te wees hier in 1993/94 het ek ‘n nuwe VW Kombi Caravelle bussie gekoop. My eerste bus en daardie tyd die luukste in sy segment.
My 2-deur Duitse vuurwa het die ander plek in die garage ingeneem vir wanneer die jaagduiwel van my besit sou neem. Met twee woelwater seuns en my sterk wanderlust, was die Volksiebus die ideale gesinsvoertuig vir wanneer ons die volgende roete wil gaan verken.
Die kort van ‘n lang storie is dat terwyl die Volksiebus se regaf neus en byna op die voorwiele sit, tyd geneem het om aan gewoond te raak, was dit nie lank nie of die bussie het my gunsteling daaglikse vervoer geword. Vandag steeds geniet ek gesinsbussies, weliswaar veel luukser en met hedendaagse bussie-ontwerp, is die ritdinamika veel meer soos ‘n kar as wat toendertyd se taxi-agtige bestuurervaring was.
Feit is, deesdae se bussies het ook die gunsteling vervoermiddel vir die gasvryheid en toerisme bedrywe geword met daarmee saam al hoe groter klem op gerief en luukshede. Die gevolg is dat sommige van hierdie luukse bussies al so duur en limoesienagtig weelderig geraak het met pryse van meer as R1,7 miljoen, dat dit as die ideale vervoermiddel vir uitvoerende hoofde van groot maatskappye kan dien.
Ford se topklas Tourneo CustomLTD gesinsbussie is vir 2020 opgeknap en tel as een van die meer “bekostigbare” bussies tans op die mark. Die opgekikkerde Tourneo Custom LTD soos ons toetswiele, het ‘n nuwe baie gewillige 2.0 liter dieselturbo kragbron met ‘n heerlike 6-gang outokas, weliswaar nog die ou 6-gang, maar pas perfek by die enjin se 136kW en 415Nm wringkrag vir soomlose oorskakeling.
Brandstofverbruik na bykans 2000 km se gemengde gebruik was ‘n uitstekende 7,9L/100 km.
Die Tourneo is nogal ‘n groterige wa, maar vanagter die stuurwiel was die ritervaring vir my net positief. Die sitplekposisie het vir uitstekende sigbaarheid gesorg en die enjin se gewilligheid om te versnel as jy die regtervoet plant was prysenswaardig. Verder het die bussie rats en gewillig gevoel met gemaklike verbysteek tydens togsnelhede op die ooppad. In geheel het die Tourneo Custom meer soos ‘n gesinsmotor gery as ‘n groot taxibus.
Ek kon ook by geleentheid ‘n groot dubbel-as sleepwa met so 2 ton se perdevoer gelaai agter die Tourneo hak en het besef dat die bussie gemaklik ‘n groterige boot of karavaan sal sleep as die gesin op ‘n kampvakansie wil gaan.
Die ruim weelderige kajuit, wat met groot elektronies ondersteunde skuifdeure weerskante passasiers vinnig en gemaklik kan laat in- en uitklim, bied uitstekende spasie vir 8+ insittendes in gemaklike sitplekke.
Ons toetsmodel het beïndruk met hoë vlakke van elektroniese bykomstighede en ander katoetertjies ten einde die bestuurder en passassiers te geval. Sateliet navigasie, ‘n uitstekende klankstelsel en klimaatbeheer vir voor en agter het enige rit gerieflik gemaak.
Die gebruiklike infotainment skerm is sentraal middel bo in die voorpaneel geplaas en is maklik bereikbaar vir die voorste insittendes. In der waarheid is die ergonomie en uitleg van die voorpaneel en skakelaars uitstekend. Die trukamerabeelde en agterste parkeergonser help wanneer die groot bussie in knap parkeerruimtes genavigeer moet word.
Daar is genoeg koppel- en laaipunte vir slimfone en elektroniese toerusting met maklike verbinding via Appel CarPlay en Android Auto vir klank en kommunikasie. Gerieflik was ook die vele pak- en stoorplekkies vir verskeie grootte bottels, houers en eetgoedjies vir die reis. Die gemaklike sitplekke agter het prakties geskuif met die tweede ry sitplekke wat kan omdraai om die derde ry gaste in die oë te kan kyk.
Die Torneo Custom se uitstekende ritgehalte, hoë vlakke van standaard toerusting, ruim kajuitspasie, ekonomiese en gewillige enjin asook die uitstekende klankdigtheid van die kajuit by togsnelhede, is dit na ons mening die ideale bussie vir ‘n groot gesin. Die stil kajuit steek ander veel duurder en meer geroemde luukse bussies behoorlik die loef af wat gebrek aan wind en padgeraas in die kajuit betref.
Tydens ons toetstyd moes ons lang ente grondpad ry en ook hier het die 2020 Tourneo Custom LTD beïndruk met uitstekende paddinamika en ritgehalte.
Met ‘n pryskaartjie in die omgewing van R750 000 is die Ford Tourneo Custom Limited tans bo-aan my lys as ek ‘n gesinsbussie wil aanskaf. | https://www.proagri.co.za/2020-ford-tourneo-custom-2-0-limited-die-lekker-alternatief/ | 2021-03-20 00:00:00 |
Herwin en hergebruik afvalwater met Clarus Environmental se Fusion-reeks | This post is also available in: English
“Die belangstelling om kosbare water vir besproeiing te herwin en te behandel op plase, is besig om te styg. Reënwatertenks en sontoestelle is vinnig besig om die norm te word, so sal jou eie afvalwaterbehandelingstelsel binnekort baie voordelig wees.
“Behandelingsaanlegte is nou toeganklik vir boere en selfs vir wonings van individue wat passievol is oor herwinning van hul omgewing”. ~ SABI tydskrif
Clarus Environmental se Fusion-reeks Behandelingstelsels is afvalwaterbehandelingseenhede wat ontwerp is vir die gebruik in gedesentraliseerde toepassings waar die uitvloei kwaliteit aan DWS-standaarde moet voldoen of dit oorskry.
Die Fusion se unieke ontwerp maak dit moontlik om geïnstalleer te word sonder dat die tenk vooraf behandel moet word.
Opsies vir beskikbare uitloop water sluit konvensionele slote, damme, besproeiing of direkte ontslag in.
Die Fusion-reeks is ontwerp om gebruik te word in beide stedelike en afgeleë gebiede en kom in 12 reekse voor wat wissel van 1,500 liter tot 250,000 liter per dag, swart en gryswater gekombineer.
Daar is ook opsies om munisipale of ander rioollyne te inkorporeer om jou besproeiingskapasiteit te verhoog.
Maskam Water is markleiers in waterherwinning en waterbehandeling vir hergebruik. Besoek die webblad www.maskamwater.com vir inligting oor jou naaste Maskam handelaar, of kontak Maskam Water by 060-564-2920, of stuur ‘n e-pos aan inge@maskam.co.za. | https://www.proagri.co.za/herwin-en-hergebruik-afvalwater-met-clarus-environmental-se-fusion-reeks/ | 2021-03-20 00:00:00 |
Nuwe Opel Corsa loop nou met Franse styl | This post is also available in: English
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
Opel, ‘n Duitse vervaardiger van motors met ‘n veelgeroemde geskiedenis plaaslik en internasionaal, het ‘n klompie jare deel van die reuse General Motors stal geraak wie miljarde dollars in die maatskappy gegiet het ten einde produkontwikkeling en verspreiding in meer lande ter wêreld te dryf.
Toe GM egter in die meer onlangse verlede finansieel noustrop trek, is Opel aan die Franse PSA groep, oftewel Peugeot/Citroen, verkoop.
PSA het egter ‘n veel groter jas aangetrek en het so ‘n maand of wat gelede die dryfkrag geword agter die 4de grootste motorvervaardigingsgroep ter wêreld, bekend as Stellantis. Die nuwe Opel Corsa is van die eerste motors wat gebou word op Stellantis se CMP platform. Die Corsa is ook een van Opel se suksesverhale en meer as 14 miljoen eenhede is reeds wêreldwyd van die gewilde buksie verkoop.
Die 2021 Corsa is voorlaasweek plaaslik bekendgestel en ons was bevoorreg om die oulike Duitser met Franse DNA se bekendstelling by te woon.
Ontwerp en Voorkoms
Opel en spesifiek Corsa het ‘n lang en mooi verbintenis met Suid-Afrika. Die nuweling is die 6de generasie Corsa wat plaaslik sy buiging maak en is, danksy die langer en breër CMP -platvorm, in grootte meer vergelykbaar met die laaste model Opel Astra as met die vorige Corsa-model.
Ons bekendstellingsmodel was in Opel se nuwe dieprooi bakkleur bekend as “Pepperoncino Red” afgewerk met ‘n swart dak wat aan die nuweling ‘n modern sportiewe voorkoms verleen het.
Terwyl die Corsa in lengte en breedte gegroei het, is die dak laer gemaak asook die sitplekke nader aan die grond geplaas ten einde ‘n laer swaartepunt te bereik. Terwyl beenruimte en skouerspasie groter geword het, bied die laer swaartepunt beter hantering en paddinamika.
Nuwe LED hoofligte met treffende dagryligontwerp dra by tot die 2021 Corsa se modern voorkoms. Van buksie na middelslag luikrug, ding die nuweling nou in ‘n groter en duurder marksegment mee as die vorige klein stadsbuks.
Kajuit en Toerusting
Binne spreek die kajuit van tipiese Duitse bougehalte en selfs die intreemodel is uitstekend toegerus met standaardtoerusting. Die instrumentepaneel vertoon modern met ‘n digitale beeld wat groot duidelike ikone vertoon. Ook so met die inligtingskerm in die middel van die voorpaneel waar al die nutsfunksies vir klank, kommunikasie en ritinligting vertoon word. By die deftiger Elegance model word ook die beelde van die tru-kamera hier vertoon. Die Elegance topmodel bied ondermeer ook ‘n selfstopfunksie in stadsverkeer, verhitte sitplekke asook ‘n stelsel waar die voertuig terug in die baan “gedruk” word sou jy uit die baan dryf. Ook ‘n laaiblad vir selfone is handig en ‘n bykomstigheid wat nie sommer in hierdie segment aangebied word nie. Wat vir ons oulik en prakties werk, is die skakelaars vir die lugverkoeling wat apart en onder die infoskerm geplaas is waar dit maklik bereikbaar is. In geheel vertoon en voel die afwerking van die Elegance deftig.
Enjin en Ratkas
Die nuwe Corsa word plaaslik beskikbaar gestel met die Peugeot/Citroen 1,2 liter 3-silinder petrolenjins in twee weergawes. Krag word na die voorwiele gestuur deur die opsie van ‘n 5-spoed handratkas of 6-spoed outomaties. Laasgenoemde eksklusief vir die topmodel “Elegance”. Die normaal ge-aspireerde 1.2 liter weergawe wat in die intree Corsa en die middelvlak “Edition’- modelle diens doen, lewer 55kW en 118Nm se maksimum kragte.
Die topmodel “Elegance” kry egter turbo-aanjaging met die 1.2 liter wat dan 96kW en 230Nm se piekkragte lewer en lewendige verrigting tot gevolg het. Een voordelige kenmerk van die Peugeot 3-silinder enjin is baie goeie brandstofverbruik wat grootliks ook toegeskryf kan word aan die nuwe Corsa se relatief lae massa, danksy die gebruik van aluminium vir die enjinkap en enjinblok. Ook die sitplekke is dunner. Die gevolg is ‘n gewigsverlies van meer as 100 kg vir ‘n totale gewig van net onder ‘n ton. Daarmee saam is goeie lugdinamika-ontwerpe ingespan soos bekleding onder die vloer asook flappe in die sierrooster. Die gevolg is ‘n sleursyfer van slegs 0.29Cd.
Ry-indrukke
Tydens die bekendstelling het ons slegs die topmodel Elegange model met outomatiese ratkas gery. Ons roete van meer as 300 km het ons oor stad- en ooppad roetes geneem. Die turbo-enjintjie is lewendig, versnel gemaklik en het geensins keel toegetrek as daar aangestoot word nie. Die 6-gang outokas is ‘n juweel en komplimenteer die enjin pragtig. Die turbo weergawe sal my keuse wees. Die stuur voel lig en tog presies met die onderstel en veerstelsel wat gemaklike hantering en goeie ritgehalte verseker het.
Slotsom
Die 2021 Opel Corsa is ‘n pragtige luikrug wat ‘n welkome toevoeging is tot die Opel modelreeks in Suid Afrika. Aanhangers gaan definitief beïndruk wees met afwerking, standaardtoerusting en voorkoms.
Die prys mag dalk pla, maar hopelik kan Stellantis die Suid-Afrikaanse weergawes minder luuks toerus (anders as die Europeërs het ons nie juis nut vir sitplekverwarmers nie) en die prys meer kompeterend maak. | https://www.proagri.co.za/nuwe-opel-corsa-loop-nou-met-franse-styl/ | 2021-03-20 00:00:00 |
Delegering van magte vir waterlisensiëring ’n stap in die regte rigting | This post is also available in: English
Agri SA verwelkom die implementering van kritieke delegering van magte om aansoeke vir watergebruikslisensies te bespoedig.
Die delegering van magte om watergebruikslisensiëring vanaf die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se hoofkantoor in Pretoria na streekskantore en die opvangbestuursagentskappe oor te dra, is op 16
Februarie 2021 deur die waarnemende Direkteur-Generaal van die DWS, me Deborah Mochotlhi, afgeteken.
Dit is een van die sleutel- strategiese maatreëls om die spertye vir die afhandeling van aansoeke vir watergebruikslisensies van 300 na 90 dae te bespoedig.
Die delegering maak voorsiening vir laerisiko- en laevolume-aansoeke vir watergebruikslisensies om by die onderskeie streekskantore van die DWS afgehandel te word in plaas van slegs in Pretoria. Aansoeke van
nasionale belang en wat ’n hoë risiko vir waterhulpbronne inhou, sal steeds deur die DWS se hoofkantoor hanteer word.
Ingevolge die Vulindlela-program wat deur die presidensie ingestel is en wat gevolg het op ’n belangrike aankondiging deur die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie in 2020, is die bespoediging
van watergebruik-lisensiëringsprosesse geïdentifiseer vir sleutel-hervorming met die oog op ontsluiting van ekonomiese groei in Suid-Afrika. Die DWS se delegering van magte was noodsaaklik in dié verband.
“Agri SA verwelkom hierdie stap deur die DWS vir die bespoediging van die watergebruik-lisensiëringsproses,” sê Janse Rabie, hoof van die organisasie se Sentrum vir Uitnemendheid: Natuurlike Hulpbronne.
“Ons hoop dat die landbousektor, as grootste gebruiker van Suid-Afrika se waterhulpbronne, baat sal vind by hierdie verwikkeling. Ons wil ook graag die Suid-Afrikaanse Assosiasie van Watergebruikersverenigings gelukwens en veral mnr Nic Knoetze bedank vir die waardevolle werk wat oor
die afgelope twee jaar in dié verband gedoen is.”
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/delegering-van-magte-vir-waterlisensiering-n-stap-in-die-regte-rigting/ | 2021-03-23 16:04:33 |
Agri SA en vennote maak ’n vars impak met Covid-19-voedselverligting | This post is also available in: English
Nadat Agri SA in 2020 ’n betekenisvolle verskil in die lewens van baie mense gemaak het, loods hy op Woensdag 31 Maart sy 2021-oorskotvoedselhulpveldtog by die Joburg Market.
Die eerste veldtog vir 2021 is ’n samewerkingspoging met die Mike Loutfie-stigting, Total South Africa en die RSA Group, en sluit R110 000 in skenkings en ’n beraamde 30 ton se vars produkte in. Begunstigdes sal kospakkies ontvang wat bestaan uit voedsame, vars produkte van hoë gehalte – iets wat huishoudings in moeilike omstandighede dikwels nie kan bekostig nie.
“Dit is ‘n groot voorreg vir Agri SA om deel te wees van sakevennote soos Total South Africa, die Mike Loutfie-stigting en die RSA Group, wat soveel aandag gee aan gemeenskappe in nood. Die gevolge van die Covid-19-pandemie word steeds daagliks gevoel en die behoefte aan voedsame kos is ’n harde werklikheid. Agri SA het sedert die aanvang van die pandemie na behoeftige gesinne en gemeenskappe in Suid-Afrika uitgereik, en het in 2020 byna 400 ton gesonde kos afgelewer,” het Andrea Campher, risiko- en rampbestuurder van Agri SA, gesê.
Een van die begunstigdes is die organisasie Afrika Tikkun. Total South Africa werk al ses jaar saam met hulle en ondersteun hulle kinder- en jeugontwikkelingsprogram. Afrika Tikkun se visie is om ’n einde aan kinderarmoede en jeugwerkloosheid te maak. Die organisasie implementeer sy bekroonde Cradle-to-Career (C2C) 360°-model in vyf townships regoor Suid-Afrika. Hierdie holistiese benadering, wat fokus op onderwys, voeding, gesondheid, maatskaplike welsyn, persoonlike ontwikkeling en vaardigheidsontwikkeling, is ontwerp om ’n jongmens te omskep in ’n selfversekerde volwassene wat toegang tot die ekonomie het.
Alex Meulenberg, uitvoerende hoof van Afrika Tikkun, beklemtoon hulle fokus op voeding: “Aangesien voedselsekerheid in 2020 ’n nuwe dringendheid begin kry, het ons ons vennootskapsbasis uitgebrei om kwesbare gesinne te help om voedsame kos te kry. Op hierdie manier kom ons nader daaraan om die Reg op Kos ’n werklikheid te maak.”
Die kospakkies sal aan al vier Afrika Tikkun-sentrums versprei word, naamlik Orange Farm, Diepsloot, Braamfontein en Alexandra.
“Die Mike Loutfie-stigting, in die hartjie van die varsproduktebedryf, is opgewonde om sy vennootskap met Agri SA voort te sit om werklike en onmiddellike voedselhulp te bied waar dit die nodigste is,” sê Jade van Buuren, bedryfsbestuurder.
Die voortslepende Covid-19-pandemie, tesame met Suid-Afrika se algemene ekonomiese probleme, hou steeds baie voedingsuitdagings vir heelwat mense voor. Dit is positiewe samewerking soos hierdie een wat ’n tasbare impak maak deur om te gee oor die gesondheid en welstand van ons kwesbare burgers.
Besonderhede van die geleentheid:
Datum: Woensdag 31 Maart 2021, 11:30 tot 13:00
Venue: Die Joburg Market is geleë te Fortune Road Nr 4, City Deep.
Covid-19-veiligheidsprotokolle:
Normale Covid-19-protokolle sal nagekom word:
Dra asseblief te alle tye ’n masker. Sanitieerder sal beskikbaar gestel word. Daar sal sifting gedoen en rekords gehou word. Sosiale afstand sal deur merke gehandhaaf word.
Om hierdie geleentheid by te woon of vir verdere inligting, kontak:
Tanya Loutfie, Bemarkingsbestuurder, tanya.loutfie@mlfoundation.co.za, 082-555-7991 | https://www.proagri.co.za/agri-sa-en-vennote-maak-n-vars-impak-met-covid-19-voedselverligting/ | 2021-03-29 15:04:50 |
HBH Tuli wen Stefan van Wyk-wisseltrofee vir die Tuli-kudde van die Jaar 2020 | This post is also available in: English
Getroue vriend en kollega wat ՚n groot rol in die vetiging en uitbou van ProAgri gespeel het, Stefan van Wyk, se naam leef na sy afsterwe in 2018 voort in die Stefan van Wykwisseltrofee.
Stefan was wyd bekend in die landbougemeenskap; ook as Tulikeurder/-inspekteur. Die Tuli-genootskap het ՚n wisseltrofee spesiaal vir hom geskep vanweë sy betrokkenheid by die Tuli-ras. Die trofee is geborg deur Donkerhoek Tuli en Alpha & Omega Tuli-stoet.
Verlede jaar is die toekenning vir die tweede keer gemaak tydens die Tuligenootskap se toekenningsaand oor Zoom. Stefan se kinders was ook by die Zoom-geleentheid ingeskakel. Die wenner van die Stefan van Wyk-wisseltrofee vir die Tuli-kudde van die Jaar 2020 was HBH Tuli: Russel en sy seun Ed Clark van Dortrech, Oos-Kaap. Russel is in beheer van hulle die Herefords en Ed van die Tuli-stoetery. Russel is ook president van SA Stamboek. Die HBH Tuli-stoet is in 1991 gestig.
Wyle Stefan van Wyk, na wie die Stefan van Wyk-wisseltrofee genoem is, was ՚n gewaardeerde kollega by ProAgri en ՚n steunpilaar in Beesboerderykringe.
Die wenner van die trofee word volgens die volgende kategorieë bepaal:
1. Volledigheid van die kudde se aantekeninge
2. Reproduksie van die kudde teenoor die ras
3. Genetiese vlak van die kudde teenoor die ras. | https://www.proagri.co.za/hbh-tuli-wen-stefan-van-wyk-wisseltrofee-vir-die-tuli-kudde-van-die-jaar-2020/ | 2021-03-15 16:26:05 |
Nog reën verwag vir einde Maart/April | This post is also available in: English
Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS)
Minder reën het voorgekom oor veral die sentrale tot westelike dele van die somerreënvalgebied sedert die middel van Februarie maar daar word verwag dat toestande vir reën weer gaan verbeter teen die einde van Maart en begin April.
La Nina het begin verswak maar is steeds op matige sterk La Nina-vlakke en dit sal na verwagting voortduur tot April/Mei.
Huidige toestande
Droër toestande het voorgekom sedert die tweede week van Februarie oor die sentrale tot westelike dele van die land maar verspreide buie het steeds gedurende Februarie voorgekom oor die Noordwes-provinsie, Gauteng, Limpopo, KZN en die oostelike dele van die Vrystaat en noordelike dele van die Oos-Kaap. Swaar neerslae van meer as 50 mm het plek-plek voorgekom in distrikte soos Mussina, Vryburg, Klerksdorp, Secunda, Madikwe, Machadodorp, Tzaneen, Richardsbaai en Wepener.
Tropiese laagdruksisteme in en rondom die Mosambiekkanaal was tot op hede verantwoordelik vir die afgelope tyd se swakker reënvaltoestande oor die sentrale tot westelike dele asook groot dele van Namibië. Siklonale aktiwiteit (stygende lug) rondom Madagaskar veroorsaak as teenpool die ontwikkeling van hoogdruksisteme (dalende lug) in die bolug oor die sentrale en westelike binneland en Namibië met min reën.
Die droër toestande wat voorgekom het sedert die tweede deel van Februarie is oor die algemeen verwelkom in die grootste deel van die Somergraanproduksiegebiede na die baie swaar reën teen die einde van Januarie en eerste week van Februarie. Die sonnige en warm toestande het veroorsaak dat graangewasse redelik herstel het of ten minste die opbrengste laat stabiliseer het waar daar nie te veel permanente skades was nie en het waterversadige gronde laat afdroog.
Redelike permanente skades het voorgekom aan veral die mielie-oes in distrikte soos Wesselsbron, Bothaville, Bultfontein, Wolmaransstad en in die Senekal/Arlington-omgewing. Rekordopbrengste word egter verwag waar versuiptoestande nie voorgekom het nie in distrikte soos Koppies, Kroonstad, Lichtenburg, Schweizer Reneke en Delareyville. Hierdie distrikte is dikwels die distrikte waar die droogte die ergste skades aanrig maar vanjaar rekord opbrengste gaan lewer.
Rampdroogtetoestande heers steeds in groot dele van die suidwestelike dele van die Noord-Kaap. Reën het verligting gebring in gedeeltes van die Kalahari maar ‘n gebrek aan opvolgreën bedreig nou weer weidingstoestande met die winter op hande. Goeie reënneerslae het egter die droogte opgehef in die westelike dele van die Noordwes Provinsie in distrikte soos Vryburg en aangrensende dele van die Noord-Kaap soos Kuruman en Vanzylsrus waar merkwaardige veldherstel plaasgevind het na die ekstreme droogte.
Baie min verligting het ook voorgekom in terme van droogtetoestande oor die sentrale tot oostelike dele van die Ooskaap, veral vir die gedeelte suid en suidoos van Graaff Reinet tot by Port Elizabeth.
Die watervlak van die Karibadam het gestyg tot 37% teenoor die 11% verlede seisoen dieselfde tyd terwyl die Katzedam in Lesotho meer as 78% vol is teenoor die 33,6% verlede jaar dieselfde tyd. Die Hardapdam in Namibië is op 72,6%.
ENSO en Indiese Oseaan
ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)
See-oppervlaktemperature bly steeds by La Nina-vlakke vir al vir die belangrike Nino-gebiede en is tussen 0.9°C en 1.2°C koeler as normaal. Daar was ‘n kort periode van verwarming in Februarie na tussen 0.5°C en 0.9°C koeler as normaal maar daar het weer ‘n afkoeling plaasgevind in die laaste deel van Februarie.
ENSO keer gewoonlik terug na neutrale vlakke vanaf April tot Augustus en ontwikkel dan weer na óf La Nina, óf El Nino óf bly op neutrale vlakke.
Huidige voorspellings gee ‘n redelike waarskynlikheid van ‘n terugkeer na La Nina of neutraal vanaf Augustus/September met ‘n baie klein kans vir die ontwikkeling van ‘n El Nino.
Indiese Oseaan
Die grootste deel van die Indiese Oseaan se oppervlaktemperature is steeds koeler as normaal alhoewel daar ‘n poel van warmer water ontstaan het vanaf die Mosambiekse kus, deur die Mosambiekkanaal en dan suidooswaarts in die Indiese Oseaan. Hierdie poel van warmer water is verantwoordelik vir die reeks tropiese laagdruksisteme en tropiese storms oor hierdie deel van die Oseaan in die laaste twee maande. Daar was egter ‘n effense verwarming wat plaasgevind het ook oor ander gedeeltes van die Indiese Oseaan maar dit is steeds grotendeels koeler as normaal.
Verder het daar ‘n strook van koeler water langs Afrika se ooskus ontwikkel tot so ver suid as die noordkus van Suid-Afrika wat sal help om minder siklonale aktiwiteit te veroorsaak. Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks bly neutraal en voorspellings dui dat dit neutraal of negatief gaan wees vir komende maande (koeler as normaal in die westelike Indiese Oseaan).
Reënval- en klimaatsvooruitsigte
Somerreënvalgebied
Reënval
Tropiese depressie/sikloon-aktiwiteit het tydelik reënvaltoestande oor die sentrale tot westelike dele negatief beïnvloed. Met die verwagte veranderinge in die Indiese Oseaan is dit baie waarskynlik dat reënvaltoestande weer gaan verbeter in veral April en Mei.
Minder tropiese storms in die Indiese Oseaan sal veroorsaak dat vogtige lug weer weswaarts skuif oor Botswana en Namibië voor die einde van die reënseisoen en die kanse vir reën weer verbeter oor Suid-Afrika. Gemiddelde tot bogemiddelde reënval word steeds verwag oor veral die sentrale tot westelike dele voor die winter.
Die huidige steeds baie droë suidwestelike dele van die Noord-Kaap en sentrale tot suidoostelike dele van die Oos-Kaap kan steeds reën verwag voor die einde van die reënseisoen. Die maande met die hoogste gemiddelde reënval vir hierdie gebiede is vanaf Februarie tot April wat beteken dat ten minste twee maande van die reënvalseisoen nog oor is.
Met die moontlike terugkeer na La Nina en verwagte redelike gunstige toestande van die Indiese Oseaan oppervlaktemperature vanaf Augustus 2021, is dit baie waarskynlik dat gunstige reënvaltoestande ook gaan voortduur gedurende die 2021/22 somerseisoen.
Temperatuur
Redelike warm toestande sal voortduur vir die grootste deel van Maart. Minimumtemperature behoort nie onder 10°C te val voor die middel van April nie en die eerste ryp behoort nie voor die einde van April oor die sentrale tot suidelike dele voor te kom nie en nie voor middel Mei oor die sentrale tot noordelike dele nie.
Winterreënvalgebied
Baie min of geen reën word verwag oor die grootste deel van die Wes-Kaap vir die eerste helfte van Maart nie maar toestande kan verbeter vanaf 20 Maart oor die suidoostelike dele. Die huidige La Nina bly in plek en dit kan ‘n later as normale begin van die winterreënvalseisoen beteken, veral vir die Suidweskaap en die Weskus. Die Suidkaap en Tuinroete kan egter steeds reën verwag uit somerreënvalstelsels in April en Mei.
Namibië
Voorspellings bly positief vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval in April en Mei as gevolg van die impak van La Nina. Meer reën behoort oor die sentrale tot noordelike dele voor te kom.
Opsomming en samevatting
Na die droë periode wat voorgekom het in Februarie en eerste deel van Maart, kan reënvaltoestande weer verbeter in die tweede deel van Maart maar veral in April en Mei in die Somerreënvalgebied.
Die huidige La Nina het tydelik weer teruggekeer na sterker vlakke na ‘n periode van verwarming in Februarie maar behoort teen April/Mei in ‘n neutrale toestand te wees. Dit is egter tans nog sterk genoeg om ‘n positiewe impak op reënval uit te oefen voor die winter.
Dit is baie moontlik dat die winterreënvalgebied vanjaar later as normaal die eerste winterreënval gaan kry, veral die suidwestelike dele.
Vrywaring: Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie. | https://www.proagri.co.za/nog-reen-verwag-vir-einde-maart-april/ | 2021-03-09 07:47:07 |
Produksieskatting vir somergewasse 2021 | This post is also available in: English
Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 15,922 milj. ton gestel, wat 0,46% of 72 830 ton meer is as die vorige skatting van 15,849 milj. ton. Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,755 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,78 t/ha is.
Die geskatte mielie-oes is 4% groter as die 2020-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer.
Die hersiene oppervlak onder witmielies is 1,692 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,063 milj. ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,796 milj. ton, 0,04% of 3 470 ton minder is as die 8,799 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,20 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 7,126 milj. ton, wat 1,08% of 76 300 ton meer is as die 7,050 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,70 t/ha.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die LNR vir die Mpumalanga provinsie, in April 2021 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2021. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.
Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 696 290 ton, wat 2,34% of 16 650 ton minder is as die vorige skatting van 712 940 ton. Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,46 t/ha is.
Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 6,62% of 107 250 ton na 1,728 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,09 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is op 57 900 ton gestel, wat 0,90% of 525 ton minder is as die vorige skatting van 58 425 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,50 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is 187 670 ton, wat 10,01% of 17 080 ton meer is as die 170 590 ton van die vorige skatting. Die hersiene oppervlakteskatting vir sorghum is 49 200 ha, en die verwagte opbrengs is 3,81 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 62 117 ton. Die hersiene oppervlakte beplant met droëbone is 48 890 ha, en die verwagte opbrengs is 1,27 t/ha.
Neem asseblief kennis dat die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2021, op 29 April 2021 vrygestel sal word.
Bron: Oesskattingskomitee | https://www.proagri.co.za/produksieskatting-vir-somergewasse-2021/ | 2021-03-29 17:46:26 |
Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers | This post is also available in: English
Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir ՚n boer wat vooruit wil boer. Louis van der Walt boer al vir die afgelope 26 jaar op die plaas Spitskop tussen Louis Trichardt en Vivo in die verre Noorde.
“Ek het destyds met een trekker begin en oor die jare het die plaas uitgebrei tot waar die boerdery vandag is,” vertel Louis.
Onder Louis se leiding het LC Spitskop Boerdery gegroei tot ՚n gemengde boerdery wat vandag die volk aan die smul hou met aartappels, mielies, tabak, sitrus, grondboontjies, wild en ՚n spogkudde Bonsmara-beeste. “Ons het twaalf jaar gelede met die Soutpansberg Bonsmarastoet begin. Ek het die beste beskikbare genetika gekry om die trop te teel, en nou kan ons al ons eie genetika teel en jaarliks bulle op die veiling sit.”
Louis weet al vir jare lank van Massey Ferguson-trekkers se eersteklastrekkers, maar in 2020 het hy besluit om sy hele vloot te vervang met die mooi rooi van Massey Ferguson se Global-reeks. “Die grootste redes vir my besluit om alles oor te skakel na Massey Ferguson is die goeie waarde vir geld, koste van eienaarskap, goeie gehalte, die naverkopediens en die dieselverbruik. Ons het die Massey Fergusontrekkers se dieselverbruik vergelyk met die ander trekkers wat ons op die plaas gebruik, en hulle is beslis ligter op brandstof,” vertel Louis.
“Ons het besluit om die eerste tien trekkers met Massey Fergusons te vervang en ons sal die res van die vloot oor die volgende jaar ook oorskakel,” vertel Louis.
Die eerste van die nuwe span trekkers is reeds in Maart 2020 aan Louis gelewer. Dit was die MF 6713R met selfstuur presisie tegnologie wat Louis gebruik om die aartappels mee te plant. Die MF 6713R gebruik die Trimbel RTX-stelsel om presisieboerdery toe te pas.
՚n Prentjie wat enige boer se hart sal laat sing: Twee van Louis van der Walt se Massey Ferguson-trekkers kom net voor sononder by Spitskop Boerdery aan.
Hy lewer 98 kW en dien die boer met die volgende nuttige kenmerke:
• ’n Viersilinder AGCO Power enjin wat aan vlak 2 van die internasionale uitlaatgasstandaarde voldoen.
• Dyna-4 semi-kragskakelingtransmissie. Dit beteken dat jy nie die koppelaar hoef te trap vir ratverwisselings nie; net as jy tussen ratstrekke skakel.
• Swaardiens transas met oliebadskyfremme en ’n elektro-hidroulies beheerde ewenaarslot.
• Geslotesentrumvragvoel (closed centre load sensing – CCLS) hidrouliese stelsel met ’n maksimum vloei van 110 ℓ/minuut of 200 bar.
• Hyservermoë van 5 200 kg met elektroniese hyserarmbeheer (ELC) en Kategorie III vaste balskakels.
• Tot drie dubbelwerkende hidrouliese aftappunte wat ’n konstante drukking soos vooraf deur die operateur bepaal handhaaf, uitskopfunksie om ’n hidrouliese gereedskapstuk in plek te hou wanneer dit die voorafgestelde posisie bereik en wat glad nie drup of lek nie.
• Onafhanklike kragaftakker met drie spoedkeuses: 540-, 540E en 1 000 opm. Die E by die tweede 540-spoed staan vir ekonomie, want dit stel die operateur in staat om die kragaftakker teen 540 opm aan te dryf teen ’n laer enjinspoed as wat normaalweg daarvoor benodig word. Dit bespaar brandstof en verminder vibrasies en geraas.
• Die boer kan kies tussen ՚n aandryfas met 6 of 21 groewe.
• Die vierwieltrek-vooras het ’n Hydrolock-ewenaar met elektrohidrouliese inskakeling.
• Die kajuit het lugversorging, ’n kantel- en teleskopiese stuurkolom en ’n analoog- en digitale instrumentepaneel met ’n werkverrigtingsmonitor.
• Vir onvoorwaardelike vastrap is die MF 6700R-reeks toegerus met 460/85R38- en 380/85R28-Trelleborg-straallaagbande.
• Die trekker sluit 2 x 3 x 50 kg agterwielgewigte en 14 x 55 kg voorste gewigte in.
Vier van Louis se nuwe Massey Fergusons is met Massey Ferguson laai-grawe toegerus om nog nuttiger op die plaas te wees.
Vir die daaglikse take op Spitskop Boerdery het Louis besluit om die MF 5710-modelle in te span. Drie van hierdie trekkers is toegerus met Massey Ferguson laai-grawe en van die ander MF 5710’s is aangepas om aan spesifieke behoeftes te voldoen. Dit sluit in hoogloopbande met ՚n hoër profiel wat verseker dat die trekkers maklik tussen die aartappel-rye pas en nie die hoë walle van die aartappellande raakry nie.
Die MF 5710-oopkajuittrekker spog met al die nuttige kenmerke van die Massey Ferguson Global-reeks. AGCO het hierdie reeks trekkers ontwerp, op grond van inligting wat Massey Ferguson-handelaars van regoor die wêreld ingesamel het.
Ryan Clark (AGCO-produk bemarkingsbestuurder),
Lenard Lingenfelder (gebiedsbestuurder), Louis
van der Walt (boer), Hannes van
Deventer (handelaarshoof van-
Trophy Trekkers) en Robert Keir
(AGCO-bemarkingspesialis).
“Omdat AGCO self met die Massey Ferguson-agentskappe werk kry ons baie goeie terugvoer van die boere se praktiese ervaring met die produk. Daarvolgens maak AGCO die nodige aanpassings om te sorg dat Massey Ferguson-trekkers presies pas by elke boer se behoeftes,” vertel Ryan Clark, produkbemarkingsbestuurder van AGCO Afrika.
Ryan spesialiseer in die Massey Ferguson-trekkers van 100 kW en laer. “Een van die Global-reeks se doelwitte is om die koste van eienaarskap te beperk sodat die boer die beste waarde vir sy geld kan kry,” verduidelik Ryan. Hannes van Deventer van Trophy Trekkers en Implemente in Letsitele is die Massey Ferguson-agent wat die trekkers aan Louis gelewer het.
“’n Boer koop by iemand wat hy ken en wat hy kan vertrou om goeie diens te lewer,” vertel Hannes. “Ons weet dat geen boer kan bekostig om trekkers te laat staan terwyl die werk wag nie. Dit is ՚n belegging wat moet werk. Daarom lewer ons die beste diens so spoedig as moontlik.”
՚n Ry mooi rooi Massey Fergusontrekkers in gelid op Spitskop Boerdery om Louis van der Walt te help om nog verder vooruit te boer.
Louis is in sy skik met die diens wat hy van Hannes en Trophy Trekkers ontvang. “Ek hoef nie vir Hannes te wag nie. As ek ՚n probleem het kan ek vir Hannes bel en weet dat hy altyd beskikbaar is om te help.”
Hannes vertel ook van sy ervaring met AGCO Afrika. “Die ondersteuning wat ons as agentskap van AGCO ontvang is puik. Daar is nie ՚n probleem met voorraad nie, en wanneer daar ՚n probleem is wat ek nie self kan oplos nie, is AGCO altyd daar met die regte raad. Hierdie tipe ondersteuning aan ons verskaffers maak ՚n reuse verskil in die diens wat die boer ontvang,” sê Hannes.
“Ek sal enige boer aanbeveel om by Massey Ferguson aan te sluit vir die beste waarde vir geld, lae koste van eienaarskap, naverkopediens, en brandstofvebruik,” verklaar Louis.
Vir meer inligting oor die voortreflike MF Global-reeks, maar ook oor Massey Ferguson se volle reeks staatmakers vir die boer, besoek www.masseyferguson.co.za, of skakel vir Lenard Lingenfelder by 066-581-7489. Of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar. | https://www.proagri.co.za/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-massey-ferguson-se-global-reeks-is-veel-meer-as-mooi-rooi-trekkers/ | 2021-03-15 13:53:25 |
Saai loods digitale plaasnaambordprojek | This post is also available in: English
’n Naambord op ’n hekpaal by die ingang van ’n familieplaas sal nooit weer dieselfde wees nie. Saai het onlangs sy plaasnaambordprojek van stapel gestuur waarin die nuutste tegnologie gebruik word om plase te beskerm.
Die ANC se 2017-besluit om die Grondwet te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het familieboere diep bekommerd gelaat. Vier jaar later is die besluit nog nie deurgevoer nie, maar beleggersonsekerheid, die uitvlug van kapitaal, werkverlies, kredietafgradering en die ineenstorting van die Landbank lê soos modderspore op ’n gepoleerde plaashuisvloer agter die ANC se populistiese grondbeleid.
Boere en ander grondeienaars het ook nie net gesit en toekyk nie. Oor die afgelope twee jaar het Saai by drie geleenthede in Rome, Berlyn en New York die sinneloosheid van die ANC se onteieningsbeleid aan die Verenigde Nasies en Europese Unie se besluitnemers verduidelik. Saai skakel ook weekliks met ambassades en buitelandse landbou-unies om seker te maak dat hulle die agenda daaragter begryp.
Saai en sy netwerkvennote het honderdduisende rande ingesamel vir ’n epiese stryd in die howe, wat heel waarskynlik ook deur internasionale beregtiging beslis sal word. Die gevegslinies is opgestel. Dit gaan nie so maklik wees om artikel 25(3) van die Grondwet te wysig nie.
’n Veel groter bedreiging teen eiendomsreg is eerder die informele, ongekoördineerde en onbeheerste grondgrype op voetsoolvlak, betredings, besettings, plakkery en vee wat in boere se landerye of weidings ingejaag word. Die rooi ligte begin veral flikker as die polisie niks daaraan doen nie, die owerheid sy kop wegdraai en die grondeienaar alleen in die konfrontasie staan.
Dit is presies hoe dit in Zimbabwe afgespeel het.
Saai is diep bekommerd oor die verskerpte voorkoms van grondbesettings in Noordwes, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, en die polisie se onvermoë of onwilligheid om daarteen op te tree. Buiten om ’n lawaai daaroor te maak en die wêreld se aandag deurlopend daarop te vestig, sal daar iets daadwerkliks gedoen moet word. Daar moet betyds en oor ’n baie breë front wal gegooi word. Enersyds sal privaat inisiatiewe die fondasies moet oorneem van owerhede wat versuim om eiendomsreg te beskerm, en aanvul waar die staat tekort skiet. Andersyds moet elke plattelandse grondeienaar sorg dat sy huis-en-haard-beskerming op die beste moontlike standaard is.
Dit is presies waarom Saai pas sy plaasnaambordprojek geloods het. Buiten dat Saai as familieboernetwerk baie sterk voel oor ’n familienaam langs ’n plaasnaam teen ’n hekpaal, het die netwerk ook moeite gedoen om die nuutste tegnologie aan te wend om plase nie net fisies nie maar ook op beleidsvlak ten opsigte van dienslewering teen onwettige besettings te beskerm. Vir dié doel word ’n betredingswaarskuwing in verskillende tale (van die boer se keuse) en QR-kodes op elke bord aangebring. Wanneer dié QR-kodes met ’n slimfoon of -tablet ontsluit word, gee dit die boer toegang tot ’n verskeidenheid van funksies. Een voorbeeld is volledige regsadvies wat deur regslui opgestel is en aan die grondeienaar of enige ander belanghebbende leiding kan gee oor hoe om grondbesettings te hanteer.
’n Ander QR-kode gee jou toegang tot ’n klagtevorm wat digitaal opgestel, ingevul en ingedien kan word. Dit registreer outomaties ook by Saai, waar ons regspan dit gereeld sal opvolg om te verseker dat die polisie ’n saak oopmaak en iets daarom doen. Saai stoor dit ook namens die grondeienaar om ’n saak vir toekomstige regsaksies op te bou.
Enige familieboer kan dié plaasnaamborde by Saai se webtuiste by www.saai.org bestel.
Suksesvolle pogings om verswakkende staatsfunksies aan te vul en ongrondwetlike vergrype te stuit, verg goeie koördinasie deur groot groepe mense wat eenstemmig daartoe werk. Uit ervaring wat Saai en ons netwerkvennote oor die afgelope twee jaar opgebou het, weet ons dat dit die afsonderlike, klein pogings van groot getalle gewone, vredeliewende Suid-Afrikaners is wat gesamentlik die deurslaggewende gewig verleen om ’n nasionale impak te hê.
Vir dié doel wil Saai saam met sy netwerkvennote soveel as moontlik van hierdie liggewig maar duursame plaasnaamborde regoor die land oprig om ’n hou te slaan teen betredings, besettings en plakkery op plase. Saai het reeds ’n merkwaardige netwerk en regspan op die been gebring en glo dat ons vinnig en doeltreffend op klagtes kan reageer.
Laat ons die ruimtes in die reg maksimaal benut om eiendomsreg te beskerm, in sowel die kleine op grondvlak in jou omgewing en op jou plaas as op nasionale vlak, waar beleidmakers en besluitnemers verantwoordelik en aanspreeklik gehou moet word.
Bron: Saai | https://www.proagri.co.za/saai-loods-digitale-plaasnaambordprojek/ | 2021-03-05 15:20:16 |
PIONEER AGRONOMIE | This post is also available in: English
SUKSESVOLLE GEWASBESTUUR
Suksesvolle gewasbestuur onder die uitdagende omstandighede wat ons tans beleef, vereis effektiewe en innoverende gebruike van die agronomiese bronne en inligting tot ons beskikking. Toegang tot adviseurs en navorsingsgerigte inligting vorm die basis vir kritiese besluitneming.
By Pioneer is ons toegewyd besig om gewasbestuur te verbeter. Ons missie is om graanproduksie te maksimaliseer deur nuttige inligting te voorsien wat gebaseer is op intensiewe en innoverende navorsing.
DIE PIONEER AGRONOMIE SPAN
Die span gewaswetenskaplikes spesialiseer daarin om voedselgewasse te produseer en te verbeter deur sekere eksperimente en metodes te ontwikkel. Hulle moet krities dink om probleme op te los en beplan sekere studies om gewasse se opbrengste te verhoog. Die doel is om wetenskaplik te werk te gaan om die beste gewas te produseer op die mees konsekwente basis wat moontlik is in enige situasie. Dit is ‘n diverse span, en elke agronoom spesialiseer in ‘n spesifieke gewas of in ‘n spesifieke aspek van die gewasproduksie.
Die span se innoverende navorsing en data-analiseringsmetodes is gebaseer op navorsing oor plaasgrootte, wat ons in staat stel om uiteenlopende veranderlike faktore te bestuur wat ‘n impak het op graanproduksie. Die nuutste navorsing en unieke digitale programme word gebruik om graanproduksie te verbeter en waarde vir die boer toe te voeg met Pioneer genetika.
Die Pioneer agronomiespan verbreed hul navorsingshorisonne en verskaf innoverende inligting om die boer met verrykte data te voorsien om ingeligte besluite reg deur die jaar te kan neem. Die volgende stap is om presisieboerdery te maksimaliseer deur verskillende bestuursones te skep om sodoende beter inligting te kan verskaf. Die bestuursones help ons om te verstaan hoe die genetika op die omgewing reageer, en deur die data te stapel, kan dit lei tot akkurate kultivaraanbevelings. Die regte produk vir die regte hektaar sal dan aanbeveel kan word.
Deur gebruik te maak van hierdie digitale tegnologie, kan die Pioneer agronomie span beter kultivaraanbevelings maak en sodoende verseker dat die boer sy grond beter verstaan om ingeligte bestuursbesluite te neem.
Sodoende kan hy opbrengste optimaliseer, effektiwiteit maksimaliseer en risiko’s verminder. Daardeur streef ons om voedselsekuriteit te verseker deur middel van Pioneer genetika.
Vir meer inligting oor Pioneer se produkte, dienste en om kontak te maak met ‘n Agronoom of die Verkoopspan, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com
Die Pioneer-span: | https://www.proagri.co.za/pioneer-agronomie/ | 2021-03-01 00:00:00 |
Polisieman aangekeer oor veediefstal | This post is also available in: English
’n Waarnemende polisie stasiebevelvoerder en sy makker, ’n voorheen veroordeelde veedief, het gister in die Frankfort-hof op aanklag van veediefstal verskyn. Die mans is Maandag op heterdaad betrap waar hulle vyf skape op die plaas van Danie Muller gesteel het.
Deon van der Watt, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) en boer in die Tweeling/ Frankfort-area, het bevestig dat ongeveer 65 boere van die omgewing gister voor die hof byeengekom het waar die twee mans op aanklag van veediefstal verskyn het.
Volgens Van der Watt, het die boere voor die hofverrigtinge aan die staatsaanklaer te kenne gegee dat hulle die borgtog verrigtinge sal bywoon.
Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, sê dat veediefstal en polisiekorrupsie ’n wesenlike probleem in landbou is wat al jare problematies is. Buys het bevestig dat VL reeds in Oktober 2020 die minister van polisie, mnr Bheki Cele, versoek het om taakspanne saam te stel om polisie betrokkenheid by veediefstalsindikate en plaasaanvalle te bepaal en te ondersoek.
Die twee verdagtes bly in aanhouding en sal Woensdag, 31 Maart weer voor die hof verskyn. VL beplan om die hofverskyning by te woon en te versoek dat die staat borg opponeer, aan die hand van inligting en statistieke wat aan VL bekend is.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/polisieman-aangekeer-oor-veediefstal/ | 2021-03-25 13:31:14 |
SA Suiwelkampioenskappe lok byna 900 inskrywings | This post is also available in: English
Byna 900 suiwelprodukte ding mee in die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika, wat van Donderdag 25 tot Vrydag 26 Februarie 2021 plaasvind.
Die kampioenskappe se beoordeling het vanjaar ná 17 jaar weer teruggekeer na Elsenburg buite Stellenbosch, waar dit voorheen vir tien jaar, van 1995 tot 2004, aangebied is.
“Dit is ‘n besonderse prestasie deur die suiwelbedryf om in hierdie moeilike jaar wat agter die rug is so ‘n enorme getal produkte in te skryf,” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo. Agri-Expo is die organiseerder van die kampioenskappe sedert 1834. “Dit is ook opwindende nuus dat daar uit die 68 deelnemende vervaardigers boonop agt nuwe deelnemers tot die kampioenskappe toegetree het.”
Die beoordelingproses moes vanjaar in twee dae verdeel word met slegs 30 beoordelaars per dag. Volgens die Hoofbeoordelaar Alan Fourie is die kampioenskappe een van die enigste kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik.
“Die SA Suiwelkampioenskappe skep ‘n besondere platform om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. Net die beste van die beste van elke vervaardiger word ingeskryf en daarom het die beoordeling die nasionale maatstaf geword waarvolgens groot én klein vervaardigers – van internasionale maatskappye tot kleinkaasmakers – hulself jaarliks teen mekaar meet,” sê Fourie.
Van links na regs is Breyton Milford (operasionele bestuurder van Agri-Expo), Marlene van der Westhuizen (beoordelaar en glanssjef), Johan Ehlers (hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo), Yumna Seedat (nuweling-beoordelaar en produkontwikkelaar by Woolworths) en Alan Fourie (hoofbeoordelaar) tydens die 2021 SA Suiwelkampioenskappe.
SA Suiweltoekennings virtueel aangekondig
Die wenner in elk van die meer as 100 SA Suiwelkampioenskap-klasse word as SA Kampioenbekroon, terwyl produkte van besonderse hoë kwaliteit ook die Qualité-merk van gehalte ontvang, wat as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika erken word.
‘n Paneel van vyf kundiges wys die Produk van die Jaar aan. Hierdie wenners word op Vrydag 26 Maart 2021 tydens die Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings aangekondig. Belangstellendes kan van 19:00 tot 20:00 inskakel by www.cheesesa.co.za/sa-dairy-awards vir ‘n virtuele aanbieding vanaf Cavalli Estate.
Die 2021 SA Suiwelkampioenskappe word moontlik gemaak deur die vennote Agri-Expo, Synercore, AECI Food & Beverage, die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Condio, die Melkprodusente-organisasie (MPO), The Dairy Mail, Woolworths, Hollard, Mane, Orchem, Polyoak Packaging, IMCD en Tetra Pak.
Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za en www.agriexpo.co.za, of kontak Agri-Expo by 021-975-4440 of cheese@agriexpo.co.za.
Bron: Agri-Expo | https://www.proagri.co.za/sa-suiwelkampioenskappe-lok-byna-900-inskrywings/ | 2021-02-28 17:48:57 |
Ficksburg-gemeenskap skep paaie forum | This post is also available in: English
Verskeie instansies van die Ficksburg gemeenskap het op 2 Maart byeengekom met een gemeenskaplike doel, naamlik die haglike toestand van paaie in die omgewing.
’n Skrywe is deur die vergadering aan die Premier van die Vrystaat, me Sisi Ntombela, gerig wat aandring op ’n dringende vergadering binne 7 dae om te verhoed dat verdere aksie geneem word.
Volgens Friedl von Maltitz, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het Ficksburg landbouvereniging en die Imperani landbouvereniging, wat opkomende boere in die omgewing verteenwoordig, die inisiatief geneem om alle rolspelers van die omgewing te betrek. Die vergadering, wat bygewoon is deur lede van o.a. FITA (Ficksburg Taxi Association), Afasa, OVK, Setsoto Jeug Ontwikkeling, Ficksburg meentgrond huurders (commanage tenants), ens. het besluit om ’n forum te stig wat bekend staan as ‘Sechaba sa Ficksburg’.
“Die boere is omgekrap oor die toestand van paaie, maar ons het nou eers werklik besef hoe ver dit die res van die gemeenskap ook beïnvloed,” sê von Maltitz.
“Taxi bestuurders se inkomste is in gedrang, omdat sekere roetes heeltemal onbegaanbaar is.”
In die skrywe aan die Premier wat gesamentlik deur alle lede van die forum opgestel is, word dit duidelik gestel dat die vele beloftes deur verskeie staatsamptenare, insluitend die Premier, insake die herstel en opgradering van paaie in die distrik nie gerealiseer het nie.
Die forum dring daarom aan op ’n vergadering met die Premier en die amptenare verantwoordelik vir die instandhouding van die distrik se paaie. Die forum stel dit ook duidelik dat enige fondse wat vir die herstel van paaie bewillig word, slegs deur die forum geadministreer moet word.
Verlede week is ’n beswaarskrif met meer as 2 000 handtekeninge van inwoners van Lindley, Petrus Steyn en Arlington aan die kantoor van Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir paaie, polisie en vervoer ingehandig wat dringende herstel van die R707 versoek.
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), meen dit is verblydend dat gemeenskappe saam staan. “Die regering sal moet kennis neem van gemeenskappe se besware, want almal het ’n grondwetlike reg tot basiese dienste. Die versuim om infrastruktuur in stand te hou, ontneem mense egter van hierdie reg.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/ficksburg-gemeenskap-skep-paaie-forum/ | 2021-03-04 13:20:11 |
Oes groter winste met dié stropers | This post is also available in: English
Hierdie komende stroopseisoen sal presisielandbou weereens op die voorgrond wees en jy kan gerus wees dat jy saam met John Deere die voordeel tydens oestyd sal sien. Presisie-landboutegnologie verseker akkurater stroopwerk en verhoogde konsekwentheid, produktiwiteit en werksverrigting.
Met John Deere, is presisie-landboutegnologie nou ’n allesomvattende oplossing en was dit nog nooit eenvoudiger en meer toeganklik nie.
John Deere streef daarna om dit vir elke boer makliker te maak om die voordele van hoë gehalte-inligting in te span, aangesien dit besluitneming vereenvoudig, wat op sy beurt weer winsgewendheid kan verhoog.
Een van hierdie voordele is outomatisering wat in die hedendaagse mark die sleutel tot doeltreffendheid is. John Deere-stropers, met outomatiese en intelligente funksies, sorg deurlopend dat die maksimum strooptyd deur die seisoen en lae bedryfskoste gehandhaaf word, ongeag buite faktore
Deur te verseker dat toerusting ten alle tye optimaal werk, word verliese verminder en winste dus gemaksimaliseer.
Die kern van John Deere-stropertegnologie en -doeltreffendheid is die opsionele Combine Advisor™-pakket om die belangrikste stroperfunksies in te stel, te optimaliseer en te outomatiseer wanneer toestande verander. Combine Advisor™ analiseer voortdurend die stroper se werksverrigting en pas alle masjienfunksies daarvolgens aan om verliese te beperk en optimale produktiwiteit te verseker namate toestande in die land verander.
Nuwe aanbiedinge
Opgraderings is aan John Deere se stropertafels en plukkerkoppe gedoen vir verbeterde werkverrigting, ‘n optimale strooptyd en laer bedryfskoste. Dit word moontlik gemaak deur ‘n plukkerkop-beheereenheid (“Header Control Unit of HCU) wat doeltreffend met die stroper kommunikeer.
Die HCU stoor spesifieke fabriekskalibrasie-instellings en versamel en stuur inligting oor die wydte van die stropertafel of plukkerkop na die stroper vir akkurate opbrengskaarte. Dit verkort die opstellingstyd en bied ’n akkurate instandhoudingskedule.
Die reeks stropertafels en plukkerkoppe sluit ’n vaste skarnierraam-snybalk (“Hinged frame cutter bar”), “Drapers”, RDF HydraFlex™ “Drapers”, ’n BP15-band-optelplatform (“Belt pickup platform”) en opvoubare (“Folding”, CF) en vaste (“Rigid”, CR) mieliestroperkoppe (“Corn headers”) in.
Die John Deere HDR Rigid Drapers is ideaal vir kleingraan- en kanolaprodusente wat in veranderende omstandighede en ongelyke of heuwelagtige terrein die hektare wat per uur gestroop word wil optimaliseer, terwyl meer graan geoes word.
Die HDR het ’n skarnierraam met ‘n ongeëwenaarde terrein-volg vermoë ‘ n uitsonderlike wydte en ’n eenvormige snyhoogte. Dit vee die afgebuigde of platgedrukte gewas oor die snybalk om ’n groter deel van die oes te herwin en is beskikbaar in snywydtes van 30, 35, 40 en 45 voet om meer van die gewas by jou stroper uit te bring Met die opgradering van die 40 voet-“Draper” na die nuwe, groter 45 voet-weergawe, kan boere elke dag ongeveer 10% méér land area dek vir dieselfde aantal werksure.
John Deere RDF (HydraFlex Drapers) is gebou op die bewese snytegnologie van die bestaande John Deere 700FD, terwyl dit nuwe funksies bied om graanverlies te verminder. Alle RDF HydraFlex Drapers bevat ’n nuwe tweesnelheid-voerafdeling waarmee bestuurders die voerdrom en die middelste voerbandsnelheid met 20% kan vertraag in vergelyking met die 700FD. Hierdie “Drapers” is steeds toegerus met die veldbewese John Deere-dubbelsnit-HydraFlex-snybalk van 10 cm met dubbele aandrywingskag. Die mes-stelsel bied bedryfseksklusiewe snyverrigting met 1 980 snitte per minuut.
John Deere bied ook die BP15-bandopteller vir kleingraan- en kanolaprodusente wat meer hektaar per uur wil oes. Die BP15 het verbeterde voersnelheid-aanpasbaarheid om groot volumes gewasse op ’n slag te hanteer met ’n standaard tweespoed- awegaaraangedrewe kettingrat wat 20% vinniger toevoersnelhede lewer indien nodig – ideaal vir die oes van kanola.
’n Nuwe reeks mieliestroperkoppe is ook ontwikkel. Vir gewasse wat leun, afwaarts neig of omgeval het, kan die vaste CR-mieliestroperkoppe toegerus word met aktiewe end-skermbalke wat meer mieliekoppe by die die stroperkop intrek.
John Deere se opvoubare CF-mieliestroperkoppe sluit al die kenmerke van vaste CR-mieliestroperkoppe in, maar bied ’n laeprofiel-vouraam en ’n vou-siklustyd van minder as 60 sekondes as dit aan die stroper gekoppel is.
“Die volledige pakket bied jou as kliënt die John Deere-voorsprong – ons volg nie, ons lei. Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting, pasgemaakte oplossings, besparings en werksverrigting”.
John Deere Crop Harvesting
Source: Shift ONE on behalf of John Deere Africa Middle East (AME) | https://www.proagri.co.za/oes-groter-winste-met-die-stropers/ | 2021-03-09 14:30:56 |
AfriForum en Saai staan boer by met indien van strafregtelike klagtes oor beweerde silosertifikaatbedrog | This post is also available in: English
AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familieboernetwerk Saai het vandag die eienaar van die familieboerdery Langspruit Landgoed, bygestaan met die indien van strafregtelike klagtes van bedrog teen die bestuur van die Bloemhof-silokompleks.
Dié beweerde bedrog is tydens die eerste kwartaal van 2020 gepleeg. Dít volg nadat Langspruit Landgoed BK verliese gely het weens beweerde silosertifikaatbedrog. Die klagtes is by die Bloemhof-polisiestasie ingedien.
In ’n neutedop behels silosertifikaatbedrog dat silobergingsfasiliteite meer ontvangsbewyse as waarborge vir mielies uitreik as die werklike hoeveelheid mielies wat in die silo’s beskikbaar is. Ontvangsbewyse word as waarborg aan die eienaars van die mielies uitgereik en kan verhandel word.
Hierdie sertifikaat is veronderstel om drie dinge te waarborg:
die kwaliteit van die mielies;
die kwantiteit van die mielies; en
die ligging van die mielies.
Volgens Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, blyk dit dat al drie hierdie waarborge in dié geval deur die silobergingsfasiliteit misken is. “’n Fundamentele hoeksteen van die JSE se landbou-afgeleide mark is die integriteit van JSE-silo-ontvangste en ’n betroubare fisiese afleweringsproses. Wanneer ’n silobergingsfasiliteit ’n ontvangsbewys uitreik, moet die hele mark volkome vertroue en sekerheid hê dat die hoeveelheid en gehalte van die kommoditeit op die plek wat op die bewys aangedui word, geberg word en dat die houer van die bewys die aflewering van sy kommoditeit kan verkry – sonder enige vertraging.
Dit is van kardinale belang vir die integriteit van die hele Suid-Afrikaanse graanmark dat silobergingsfasiliteite die JSE se vereistes gestand doen. Op ’n tydstip waar die nagevolge van COVID-19, die dreigement van onteiening sonder vergoeding en die inploffing van landboufinansieringstrukture die lewensbestaan van baie familieboere bedreig, kan ’n regverdige, doeltreffende en deursigtige mark baie help om ’n winsgewende toekoms vir die bedryf te verseker.”
Die landboumaatskappy Senwes moes verlede jaar ’n boete van R1,5 miljoen aan die JSE betaal juis omdat die Bloemhof-silobergingsfasiliteit – wat tot verlede jaar nog deur Suidwes (wat later die jaar deur Senwes oorgeneem is) besit is – ’n tekort van 17 035 ton WM1-graad mielies gehad het in vergelyking met die hoeveelheid mielies wat beskikbaar was volgens die ontvangsbewyse wat uitgereik is. Die JSE-silokwitansies is opgestel deur Suidwes Landbou wat redelikerwys moes geweet het dat hulle nie in werklikheid daardie hoeveelheid WM1-graad mielies in die silobergingsfasiliteit beskikbaar het nie en dit dus nie op aanvraag aan sertifikaathouers sou kon lewer nie.
Langspruit het verder skade gely aangesien mielies nie aan hulle in voldoende hoeveelhede en tempo aan hulle gelewer kon word toe hulle dit vir hoër pryse sou kon verkoop nie. Volgens Chris Gouws, senior ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, beteken dit ook dat Langspruit vir stoorkoste van mielies moes betaal wat nie bestaan het nie.
“Dié beweerde silosertifikaatbedrog kom neer op ’n onwettige en doelbewuste wanvoorstelling aan sertifikaathouers. AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om toe te sien dat korporatiewe boelies aan die pen ry indien hulle oortree en daarom sal ons hierdie saak bly moniteer en saam met die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) werk om toe te sien dat geregtigheid geskied.”
Bron: Saai & AfriForum | https://www.proagri.co.za/afriforum-en-saai-staan-boer-by-met-indien-van-strafregtelike-klagtes-oor-beweerde-silosertifikaatbedrog/ | 2021-03-18 15:28:07 |
TLU SA blameer minister van arbeid vir komende werksverliese | This post is also available in: English
TLU SA betreur die minister van arbeid en indiensneming, mnr. Thulas Nxesi se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimum loon van 16,1% vir plaaswerkers.
“Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik om ‘n gesprek aan te lê om tot ‘n sinvolle vergelyk en oplossing te kom,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.
“Dit is ‘n kwade dag dat die minister van arbeid in ‘n land waar die werkloosheidsyfer op 42% staan, eerder bereid is om werksverliese te veroorsaak as om te probeer om na die belange van die werkers in die produksieproses om te sien.
“Wie kyk na die werklose mense in die land?”.
TLU SA het alles moontlik gedoen om te verhoed dat produsente afleggings moet doen om te kan voldoen aan die produksievereistes wat vir winsgewendheid nodig is. Die werklose massas wat smag na die geleentheid om te kan werk, maar deur die ANC se beleid daarvan ontneem word, skep ‘n onaanvaarbare sosio-maatskaplike probleem vir die land.
Elke produsent moet nou opnuut hulle winsgewendheid en produktiwiteit ontleed en evalueer. Operasionele aanpassings sal noodwendig gemaak moet word om in produksie te bly.
Die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie verg nou dat alles moontlik gedoen word om dit te stimuleer sodat die land by ekonomiese groei kan uitkom. Dit sou insluit dat die produksiefaktore so bekostigbaar as moontlik binne bereik van die entrepreneurs geplaas moet word.
“Terwyl die president beloof om die ekonomie te herbou, beloof die minister afleggings en skade aan die ekonomie,” sê mnr. Geldenhuys. “Miskien moet die president oorweeg of Minister Nxesi wel die regte persoon vir die werk is.”
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-blameer-minister-van-arbeid-vir-komende-werksverliese/ | 2021-03-01 20:54:42 |
SA se ekonomiese prestasie in 2020: Landbou ’n baken van hoop | This post is also available in: English
Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het pas die BBP-syfers vir die finale kwartaal van 2020 vrygestel – ’n sober oorsig van die jaar. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het met ’n indrukwekkende 6,3% in die laaste kwartaal van 2020 gegroei, ten spyte van die tweede Covid-19-golf.
Vir die jaar in geheel het die plaaslike ekonomie met -7% gekrimp, weliswaar beter as vorige voorspellings. Die meeste sektore het positiewe groei in die finale kwartaal van 2020 aangeteken, met die uitsondering van onderskeidelik mynbou en die finansiële sektor.
Volgens Stats SA was die één helder lig in hierdie donker prentjie die landbousektor, wat ’n groeikoers van 5,9% in die vierde kwartaal getoon het danksy ’n toename in die produksie van diereprodukte. Dié sektor se prestasie vir die jaar was, soos verwag, uiters belowend en het te staan gekom op 13,1% in 2020.
Hierdie indrukwekkende prestasie word toegeskryf aan ’n aantal bekende faktore, met inbegrip van maar nie beperk tot, weerstoestande (soos die positiewe La Niña-verskynsel) en tot ’n groot mate die sektor se klassifikasie as ’n noodsaaklike diens sedert die aanvanklike inperkingsbeperkings, wat voorsiening gemaak het vir landboubedrywighede om voort te gaan, terwyl ’n groot deel van die ekonomie tot stilstand gekom het.
Hierbenewens was daar goeie prestasie oor sub-sektore heen, naamlik die tweede grootste graanoes, uitmuntende prestasie deur die tuinboubedryf en die herstel van die veebedryf.
Daar was egter uitdagings in sekere sub-sektore, veral alkohol en tabak, wat gebuk gegaanhet onder verwoestende beperkings op verkope en die verbruik van hul produkte tydens verskeie vlakke van die inperking.
Terwyl die ekonomie in geheel steeds onder druk verkeer, het die afgelope jaar gedien as bevestiging wat verskeie ekonomiese en ander aspekte betref en het ons nou betroubare data wat, onder meer, ’n aanduiding is dat die landbousektor steeds as ’n baken van hoop dien om die vele tekortkominge van die ekonomie aan te spreek.
Dié data dui daarop dat, met die regte beleidsregime en samewerking, die sektor steeds die ideale geleentheid bied om die ekonomie spoedig reg te ruk. Dit behoort te dien as sterk waarskuwing aan die regering om sy optrede aan te pas by sy woorde ‘suit the action to the word, the word to the action’ – aldus Shakespeare se Hamlet). Een voorbeeld hiervan is die
beperkte begroting wat aan die sektor in die nasionale begroting toegestaan word.
In vergelyking met ander opkomende markte (OM’e), is Suid-Afrika se nasionale begrotingstoekenning aan die landbou oor ’n aantal jare steeds heelwat laer as 2%, terwyl ander OM’e ongeveer 6% aan hierdie sektor bestee. Dit beteken dat daardie spesifieke OM’e ’n BBP-groei van 3,7% (gegrond op ’n 10-jaar gemiddeld) realiseer, terwyl Suid-Afrika se groei ’n meer beskeie 1,7% in dieselfde periode is.
Die president en sommige ministers het op verskeie platforms verwys na die belangrikheid van die landbousektor. Indien hulle egter ernstig is oor die dringendheid van ekonomiese herstel in die land en ’n afname in werkloosheid, moet hierdie mooi woorde nou dade omgesit word.
Met die oog op die toekoms, is dit duidelik dat menige van die risiko’s in die stelsel dringende aandag moet geniet, met die spoedige implementering van die regte beleid as grondslag vir realisering van die land se groeipotensiaal. Gunstige weerstoestande is steeds met ons en produksievooruitsigte bly belowend. Dit sal inderdaad as ’n goeie fondament dien vir nog ’n positiewe jaar vir die sektor – hoewel verstadig – danksy ’n gesonde basis.
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/sa-se-ekonomiese-prestasie-in-2020-landbou-n-baken-van-hoop/ | 2021-03-10 21:45:16 |
Landbou sal sy stempel in die parlement afdruk | This post is also available in: English
Die parlement sal vandag mondelinge voorleggings van verskillende organisasies en individue oor die onteieningswetsontwerp aanhoor. Vrystaat Landbou sal hom voorberei ter verdediging van eiendomsreg, die oppergesag van die reg en gesonde ekonomiese beleid.
Die organisasie sal aan die parlementslede verduidelik waarom die twee huise (die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies) met ’n groot meerderheid teen die wetsontwerp moet stem om ’n armoedekrisis in die land te vermy.
“Vrystaat Landbou verwerp die wetsontwerp (B23-2020) in sy huidige vorm, enige wysiging van artikel 25 van die Grondwet (Wet 108 van 1996) of enige soortgelyke wetsontwerpe wat ‘n negatiewe impak op enige vorm van private eiendomsreg kan hê. Onteiening van enige vorm van private eiendom sonder vergoeding word heeltemal verwerp,” sê dr. Jack Armour,
kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou.
Vrystaat Landbou sal enige wetgewing, insluitend onteiening sonder vergoeding, teenstaan wat ‘n negatiewe impak op enige vorm van eiendomsreg van enige vorm van privaat eiendom het. Die organisasie verduidelik dat eiendomsreg uitgebrei moet word om toeganklik vir alle Suid-Afrikaners te wees. Die onteieningswetsontwerp verminder egter eiendomsreg en bedreig dit.
Vrystaat Landbou stel voor:
Om toekomsgerigte ekonomies volhoubare landbou-ontwikkeling te ondersteun. Die staat moet sy verantwoordelikheid ten opsigte van infrastruktuur,
voorligtingdienste en ander landbou-ondersteuningsdienste in samewerking met die private sektor nakom Die staat, kommersiële banke en ander finansieringsinstellings moet modelle opstel om finansiering te verskaf wat die voltitel aan alle nuwe toetreders tot die landbou bied.
Vrystaat Landbou het gewaarsku vir gevolge indien LP’s Suid-Afrikaners se besware ignoreer en nie die wetsontwerp stop nie:
• Reeds onsekerheid, afgraderings, disinvestering.
• ‘n Gevaarlike gaping vir die verordende onteiening sonder vergoeding wat in die verkeerde hande rampspoedig vir Suid-Afrika sal wees.
• Verordende onteiening sonder vergoeding sal die fiskus dreineer vir regstryde wat duurder is as om net die grond te koop.
• ‘n Vernietiging van alle eiendomsregte sal ons van die ontwikkelde wêreld afsny en aan die genade van onbetroubare politici (3 regeringsfere) oorlaat vir regverdige en billike grondtoekenning = onstabiliteit.
• Onsekerheid -> Kapitaalvlug = werksverliese = meer onstabiliteit.
• ’n Onrealistiese verwagting skep onstabiliteit, rassespanning en erger landelike misdaad.
• Die impak op voedselsekerheid deur die produktiewe kommersiële landbou op al drie vlakke te vernietig, van bestaansboere tot kleinboer tot kommersieel.
• Vernietig die hoop van mense om titelaktes en eienaarskap van ‘n eiendom te ontvang om hul eie te noem – om individuele en generasie rykdom op te bou.
• Voorkom die oordrag van vaardighede en stop die welwillendheid uit die kommersiële sektor om suksesvolle nuwe boere te ontwikkel.
Vrystaat Landbou het ‘n suksesvolle veldtog geloods om die onteieningswetsontwerp te help stop deur middel van ‘n aanlynversoekskrif. Die veldtog het 85 000+ individuele besware
teen die onteieningswetsontwerp genereer. Meer inligting rakende die huidige wetsontwerp kan gevind word op https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/
Die organisasie het gewaarsku dat die proses van vooraf sal moet begin indien onreëlmatighede wat deur die Instituut vir Rasseverhoudinge geopper is, waar is. Daarom moet die publiek nie ophou om Vrystaat Landbou se skriftelike voorleggings te steun nie. Besoek Vrystaat Landbou se webwerf om u voorlegging teen die Wetsontwerp op Onteiening te maak.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/landbou-sal-sy-stempel-in-die-parlement-afdruk/ | 2021-03-24 07:55:02 |
Verwagte kommersiële mielie-oes is 3,59% meer as in 2020 | This post is also available in: English
Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2 750 900 ha, wat 5,37% of 140 100 ha meer is as die 2 610 800 ha wat verlede seisoen aangeplant is, en 0,92% of 25 600 ha minder as die voorlopige oppervlakteskatting van 2 776 500 ha soos vrygestel in Januarie 2021.
Die verwagte kommersiële mielie-oes is 15 848 960 ton, wat 3,59% of 548 960 ton meer is as die 15 300 000 ton van die vorige seisoen (2020). Die opbrengs van mielies is 5,76 t/ha. Dit is die tweede grootste verwagte mielie-oes wat nog ooit in die RSA geproduseer is.
Die oppervlakte beplant syfers is hoofsaaklik verkry vanaf die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (PICES), soos deur die Nasionale Oesskattingskonsortium gerapporteer vir Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2021 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2021.
Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies. Die oppervlak onder witmielies is 1 682 400 ha, wat ’n toename van 4,09% of 66 100 ha verteenwoordig vergeleke met die 1 616 300 ha die vorige seisoen. Die produksieskatting van witmielies is 8 799 360 ton, wat 2,95% of 251 860 ton meer is as die 8 547 500 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 5,23 t/ha.
In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1 068 500 ha, wat 7,44% of 74 000 ha meer is as die 994 500 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van geelmielies is 7 049 600 ton, wat 4,40% of 297 100 ton meer is as die 6 752 500 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 6,60 t/ha.
Sonneblomsaad: Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 474 800 ha, wat 5,10% of 25 500 ha minder is as die 500 300 ha aangeplant die vorige seisoen. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 712 940 ton, wat 9,58% of 75 560 ton minder is as die 788 500 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,50 t/ha.
Ander gewasse: Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 826 500 ha, wat ’n toename van 17,23% of 121 500 ha verteenwoordig vergeleke met die 705 000 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting is 1 620 900 ton, wat 30,14% of 375 400 ton meer is as die 1 245 500 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,96 t/ha. Dit is die grootste verwagte sojaboon-oes wat ooit in die RSA geproduseer is.
Vir grondbone is die oppervlakteskatting 40 050 ha, wat 6,80% of 2 550 ha meer is as die 37 500 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 58 425 ton – 16,66% of 8 345 ton meer as die 50 080 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,46 t/ha.
Die oppervlakteskatting vir sorghum het toegeneem met 8,71% of 3 700 ha, van 42 500 ha tot 46 200 ha teenoor die vorige seisoen. Die produksieskatting van sorghum is 170 590 ton – 7,97% of 12 590 ton meer as die 158 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 3,69 t/ha.
Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 51 990 ha, wat 3,67% of 1 840 ha meer is as die 50 150 ha geplant vir die vorige seisoen. Die produksieskatting is 65 467 ton, wat 1,03% of 667 ton meer is as die 64 800 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,26 t/ha.
Wintergewasse – 2020 produksie-seisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is onveranderd gelaat op 2,109 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,14 t/ha is. Hierdie is die grootste verwagte koring-oes sedert die 2,130 milj. ton van die 2008 seisoen.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,092 milj. ton (52%), in die Vrystaat 413 600 ton (20%) en in die Noord-Kaap 271 950 ton (13%).
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is onveranderd gelaat op 589 846 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 141 690 ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,16 t/ha beloop. Dit is die grootste verwagte moutgars-oes wat nog vir SA aangeteken is.
Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 166 956 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 2,25 t/ha. Dit is ook die grootste verwagte kanola-oes wat nog aangeteken is vir SA. Die verwagte hawer-oes (ontbytgraan) vir die 2020-seisoen is 56 150 ton, wat 7,16% of 3 750 ton meer is as die vorige skatting van 52 400 ton. Die oppervlakteskatting is 26 200 ha en die verwagte opbrengs is 2,14 t/ha.
Die tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2021 sal op 25 Maart 2021 vrygestel word. En die voorneme om wintergewasse te plant vir 2021 sal op 29 April 2021 vrygestel word. | https://www.proagri.co.za/verwagte-kommersiele-mielie-oes-is-359-meer-as-in-2020/ | 2021-02-26 17:21:39 |
Barnaamijka Martida Makarafoonka | https://www.voasomali.com/a/5813284.html | 2021-03-13 00:00:00 |
|
Pagani Huayra R, le fotografie | https://motori.corriere.it/motori/foto-gallery/attualita/21_marzo_30/pagani-huayra-r-fotografie-d6ef89f2-912f-11eb-b915-3b2dfadfa4ac.shtml | 2021-03-30 08:18:09 |
|
Boogskietklub neem deel aan Virtuele Binnenshuis kompetisie | ’n Verskeidenheid van kompetisies is sedert die instelling van die Covid-19 Inperking virtueel beslis en boogskiet is een van die sportsoorte wat ook nou Virtueel beslis word.
Binnenshuise Boogskiet verleen hom baie goed on virtueel aangebied te word en vir Thabazimbi Boogklub was dit dan ook ’n eerste om aan die Ekhuruleni Binnenshuis Kampioenskap, wat in Saterdag 6 Maart en Sondag 7 Maart in Kempton Park aangebied is, deel te neem.
Die meeste klubs in die res van die land het hulle virtuele kompetisies ook op hierdie dae aangebied, maar die klubs wat weens omstandighede dit nie kon doen net, het die keuse gehad om hul virtuele kompetisies in hul eie tyd volgens hul eie skedule in hul eie dorpe aan te bied,
Thabazimbi Boogklub se virtuele kompetisie is toe Dinsdagaand 9 Maart by die Koos Cronjé skietbaan, in hul klubhuis aangebied.
Die binnenshuise baan is afgemerk dat die skut 20 yards/treë (ongeveer 19 meter) vanaf die teiken afskiet. Elke groot teiken bestaan uit vyf aparte teikens wat daarop gedruk is. Elke skut moet vyf pyle in die bestek van drie minute na die teiken afskiet, elke pyl na een van die vyf aparte teikens op die groot teiken.
Kruger van Zyl wat daarin geslaag het om 300 uit ‘n moontlike 300 punte te behaal.
In totaal word daar sestig pyle onder dieselfde beperkings afgeskiet om ’n maksimum totaal van 300 punte te behaal. Net een breek van 5 minute word gedurende hierdie tydperk toegelaat.
Kruger van Zyl, ’n Junior Bow Hunter (JMBU) van die Thabazimbi Boogklub, het tydens hierdie geleentheid daarin geslaag om 300 uit die 300 moontlike punte te skiet deur al sy pyle binne die middelste wit gedeelte van die teiken te plaas. Hiervan was 43 binne die middelste ‘X’gedeelte van die wit gedeelte op die teiken. Dit is reeds die tweede keer in sy boogskietloopbaan dat hy hierdie prestasie behaal, ’n prestasie wat verskeie groot name in boogskiet nog nie kon behaal nie.
Wat Kruger se prestasie nog meer uniek maak is die feit dat hy van ’n kort stabiliseerder gebruik maak en sonder ’n glasie-visier skiet, beide faktore wat die prestasie soveel meer merkwaardig maak.
Die Groot 300-Klub bestaan uit skuts wat al 60 hulle pyle binne die ‘X’ gedeelte van die teiken kon plaas.
Die Nasionale Veldboogskiet kompetisie is vanaf Saterdag 20 Maart tot Maandag 22 Maart ook op Thabazimbi Boogskietklub se uitsonderlike baan aangebied. Altesaam 78 inskrywings van regoor die land is ontvang.
Thabazimbi Boogklub is ’n sosiale skietklub wat elke Dinsdagaand om 18:00 by die Koos Cronjé skietbaan vergader. Hulle verwelkom besoekers wat graag ook hierby betrokke wil raak. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/25/boogskietklub-neem-deel-aan-virtuele-binnenshuis-kompetisie/ | 2021-03-25 17:43:20 |
Plaaslike skuts presteer op Veldboogskiet kompetisie | Thabazimbi Boogklub het, het gasheer gespeel vir die eerste SANIFAA Veldboogskiet kompetisie vir 2021. Die kompetisie is vanaf Saterdag 20 Februarie tot Sondag 21 Februarie aangebied.
Die kompetisie is wyd ondersteun met top-skuts wat vanaf Kaapstad, Phalaborwa en Middelburg opgedaag het. Die Thabazimbi baan was in ’n uitstekende toestand, danksy die insette van Jaco van Vuuren en Gert Snyman. Dit het dan ook gelei tot hoë kwaliteit prestasie terwyl die bloedig warm Bosveldson nie geskroom het om die deelnemers te verbrand nie.
Die skuts wat tydens die inperking steeds kon oefen het die resultate in hul vorm en die ewenaar van hul persoonlike beste tellings gesien maar in die tellings was dit ook duidelik dat die lang inperking sy tol van sommige deelnemers geëis het met lywe wat oor nie meer so fiks is nie.
Weens Covid-19 inperking regulasies kon daar geen prysuitdeling aangebied word nie en alle Kategoriewenners kan besonder trots wees op hul prestasie.
Twee besoekers, Pierre van der Merwe van Archers Edge in Pretoria en Hennie Kruger van Phalaborwa, het die rit aandurf om SANIFAA se eerste boogskiet vir 2021 op die Thabazimbi baan af te skop. Hulle was dan ook baie tevrede met die puik resultate wat hulle opoffering gelewer het.
Van links: Pierre van der Merwe van die Archer’s Edge Boogskietklub in Pretoria en Hennie Kruger van Phalaborwa wat baie goeie pyle tydens die kompetisie geskiet het.
Hennie Kruger, wat die ses-uur rit vanaf Phalaborwa aangedurf het om aan die eerste SANIFAA Veldboogskiet kompetisie op Thabazimbi te kom deelneem, het hierdie uitstekende groepering geskiet.
Van links: Henk Verhoef van Magnum Archery in Pretoria saam met Pierre van der Merwe van Archer’s Edge Boogklub in Pretoria.
Ameij Broekhuizen en Kruger van Zyl van Thabazimbi Boogskietklub lê aan op hul teiken. Beide het eersteplekke in hulle afdelings losgeskiet.
Voor: Henkie Botha (tweedeplek) en agter: Devonric Swart (derdeplek), twee van Hoërskool Frikkie Meyer se belowende skuts.
Heelwat skuts van Hoërskool Frikkie Meyer het deel van die inskrywings uitgemaak. Hulle kon reeds gedurende die inperking begin oefen en dit is dan ook duidelik uit die tellings wat die dag geskiet is. Die skuts van Hoërskool Frikkie Meyer het in verskillende afdelings deelgeneem waar daar agt nasionale tellings en drie provinsiale tellings geskiet is.
Die skuts van HFM wat almal eerste plekke in hul afdelings geskiet het, was Kruger van Zyl, Maya Broekhuizen en Ameij Broekhuize.
Tweedeplekke het gegaan aan Meagan Schamrock, Henkie Botha en Theaan Scheepers terwyl Lieselotte Smit en Devonric Swart beide derdeplekke losgeskiet het.
Die Nasionale Veldboogskiet kompetisie word vanaf Saterdag 20 Maart tot Maandag 22 Maart ook op Thabazimbi Boogskietklub se uitsonderlike baan aangebied. Altesaam 78 inskrywings van regoor die land, wat strek van Wes-Kaap deur Mpumalanga tot by Tzaneen, is vir die kompetisie ontvang. Deelnemers begin reeds vroeg Saterdagoggend die eerste pyle skiet. Thabazimbi Boogklub sien angstig uit na hierdie byeenkoms waar hulle weereens hul vaardighede op die toets kan stel.
Thabazimbi Boogklub is ’n sosiale skietklub wat elke Dinsdagaand om 18:00 bye die Koos Cronjé skietbaan vergader. Hulle verwelkom besoekers wat graag ook hierby betrokke wil raak.
Sien volledige lys van uitslae hieronder: | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/11/plaaslike-skuts-presteer-op-veldboogskiet-kompetisie/ | 2021-03-11 07:16:05 |
Mosambiek: SADC se onbetrokkenheid aangespreek | ’n Professor in Internasionale Wet verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, professor Hennie Strydom, het die lande verbonde aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) aangespreek oor hul onbetrokke houding teenoor die situasie in Mosambiek waar ’n militante rebellegroep, wat kontak het met die Islamietiese Staat, verlede week Woensdag, tydens ’n gewapende aanval beheer oor die strategiese dorp Palma in die noord-ooste van Mosambiek geneem het.
Die dorp gaan die kern vorm van nuwe gasbronne wat daar ontgin word. ’n Franse maatskappy is vir die ontwikkeling van die gasbronne verteenwoordig en verskeie buitelanders, onder andere Suid-Afrikaners en Britse onderdane, is daar werksaam.
Al die werkers het tydens die aanval gevlug en skuiling in ’n hotel gevind terwyl honderde inwoners van die dorp van sowat 75 000 mense, na die strande gevlug het in die hoop om met ’n boot voor die rebelle weg te vlug.
Geen amptelike syfers is verskaf nie, maar dit aanvaar word dat baie mense reeds in die aanval omgekom het. Een van die probleme is dat al die rebelle in militêre uitrustings geklee is wat uitkenning met regte soldate bemoeilik.
Volgens Strydom hou hierdie voorval in Mosambiek ’n sekuriteit-risiko vir al die lande wat aan Mosambiek grens in. “Mens sou verwag dat die SADC hierdie as ’n prioriteit sou beskou.”
“Inplaas hiervan,” sy hy, “lyk dit asof daar geen doeltreffende ingryping is om die situasie uit te sorteer nie, en dit sluit in die Mosambiekse regering.”
Strydom waarsku verder dat die situasie na naburige lande mag oorspoel.
Hy sê dat indien hierdie situasie nie vinnig uitgesorteer word nie, gaan die streek sit met ’n ernstige situasie wat al die omliggende lande gaan beïnvloed, veral as massas vlugtelinge die situasie in Mosambiek wil ontvlug en eenvoudig die grense na buurlande oorsteek.
Die beskerming van burgerlikes is op hierdie stadium die verantwoordelikheid van Mosambiek aangesien die geweldpleging op hulle grond plaasvind. Deurdat Suid-Afrikaanse burgers deur die geweldpleging geraak word, is dit logies dat die land belang het wat daar aan die gebeure is.
Volgens die Departement van Internasionale verhoudings en samewerking is ’n 24-uur operasionele sentrum op die been gebring om vas te stel hoeveel Suid-Afrikaners deur die aanvalle geraak word.
Strydom wys ook daarop dat die Suid-Afrikaanse regering slegs op uitnodiging van die Mosambiekse regering betrokke kan raak. Volgens hom sal dit beter wees indien die SADC lande in samewerking met die Mosambiekse regering ’n gesamentlike poging aanwend, maar reken ook dat nog niks van hierdie aard blykbaar oorweeg word nie, wat baie sê oor die erns van die SADC oor die hele aangeleentheid.
Volgens hom kon die Afrika-kontinent as geheel, nog nooit ’n konfliksituasie hanteer nie. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/30/mosambiek-sadc-se-onbetrokkenheid-aangespreek/ | 2021-03-30 11:28:46 |
Kunsleerlinge leer meer oor Akriel-verftegnieke | Die kunsstudente van Hoërskool Frikkie Meyer het Maandag 8 Maart die voorreg gehad om ’n werkwinkel by te woon waar hulle meer oor akriel-verftegnieke geleer het en dit ook prakties toegepas het.
Die klas is deur die ATKV-tak van Thabazimbi geborg en deur Zettie Pelser, een van die dorp se bekendste skilders aangebied.
Die leerlinge was die oggend reeds vanaf agtuur gereed en opgewonde om meer hieroor te leer en hul verwagtinge is nie teleurgestel deur die praktiese toepassing en die resultate aan die einde van die klas toe hulle die middag 15:00 die werkwinkel afgesluit het.
Rita Volschenk van Thabazimbi ATKV oorhandig die borgskap aan Zettie Pelser vir die aanbieding van die kunswerkwinkel.
Van links: Zettie Pelser wat die kunswerkwinkel aangebied het, Rita Volschenk van die ATKV Thabazimbi-tak wat die kunswerkwinkel geborg het, Christie Brits, vakonderwyser – Visuelekuns en Linda Grobler, lid van die ATKV Thabazimbi-tak.
Rita Volschenk van ATKV Thabazimbi-tak oorhandig ’n geskenkie aan Christie Brits, Visuelekuns vakonderwyser.
Zettie het aan die leerlinge gesê dat dit vir haar verblydend was om soveel jong aspirant kunstenaars bymekaar te sien. Dit is ’n groot voorreg om reeds op skool kuns as ’n formele vak te neem aangesien die meeste ouer kunstenaars eers geleentheid as volwassenes gehad het om formele kunsklasse by erkende kunskenners en -onderwysers te ontvang.
Sy het self eers sowat 20 jaar gelede besluit kuns haar erns te maak en het vir sowat sewe jaar elke Maandag deurgery Rustenburg-toe om kunsklasse by die bekende Elrieze Buitendach bygewoon.
Dit het sy opgevolg met maandelikse klasse in Pretoria by ondermeer Willie Jacobs en Ina Wilken. Tydens hierdie kunsklasse het sy met verskeie tegnieke te doen gekry, maar die een tegniek waarin sy voel sy haar totaal kan uitleef is olieverf wat sy steeds beoefen.
Soos Zettie verduidelik, het elke tegniek sy eie unieke aanwending vir elke besondere persoon. Akriel is ’n medium waar jy nie jou tyd kan verspeel nie aangesien die verf baie vinnig droog word. Hier in die warm Thabazimbi bosveld moet jy jou storie ken om te sorg dat die verf op jou doek en op die pallet nat genoeg bly om mee te werk.
Sy het dan ook verskeie wenke aan die leerlinge deurgegee om in hierdie doel te slaag. Die een is om ’n sproeibottel met water byderhand te hou en die verf gereeld liggies op die doek en pallet werkbaar te hou.
Aangesien jy nie noodwendig aanhou met verf tot die skildery klaar is nie, moet die verf ook sodanig geberg word dat dit steeds bruikbaar is teen die tyd dat jy weer aan die skildery kan werk. Hier het sy dan ook ’n baie eenvoudige en praktiese manier aan hulle verduidelik waarmee baie tyd gespaar en onnodige verspilling beperk kan word.
Elke leerling moes ’n gedrukte prent van troeteldier wat hulle dan op doek sou verewig. Eers moet die prent op die doek geskets word en hier het Zettie die blokkie metode aan hulle oorgedra waar die prent in vertikale en horisontale ewewydige lyne, presies op dieselfde afstand van mekaar met ’n potlood getrek word om vierkante soos op ’n skaakbord te vorm. Dieselfde word met die doek gedoen. Hier kan die skaal vergroot word deur die wydte van ’n lineaal te gebruik, solank daar dieselfde aantal horisontale- en vertikale lyne is as op die prent wat op die doek gekopieer moet word. Die metode word gebruik aangesien leerlinge nie noodwendig almal vaardig is om ’n vryhandskets van die prent op die doek te teken nie.
Corina Prinsloo (Gr 11) besig met die voorbereiding om die prent oor te dra na die doek.
Janco Labuschagne besig om die prent in blokkie op te deel
Daniela Eyk (Gr 11), besig om haar prent in blokkies op te deel vir die oortekening daarvan op die doek.
Lieselotte Smit en agter, Nelita Janse van Rensburg, twee Graad 11 kunsstudente.
Die Graad 10 seuns wat die kunswerkwinkel bygewoon het, is op die foto van links: Charl Low, Jade Jaftha en Janco Labuschagne.
Rita Volschenk van die ATKV saam met Corina Prinsloo, links en Daniela Eck.
Blokkie vir blokkie word die buitelyne van die beeld na die doek oorgedra met al die detail van die oë, ore bek, pote, ens. Dit word met ’n HB potlood of houtskoolpen gedoen. Sodra die lynskets voltooi is word dit liggies met haarsproei bedek om seker te maak dat die lyne nie uitgevee word sodra die verf daarmee in aanraking kom nie.
Sy het ook die leerlinge aangeraai om ’n groot kwas te gebruik om mee te skilder aangesien dit meer vryheid tot jou kreatiwiteit bied. Zettie het verduidelik dat jou kreatiewe gedeelte in die regterbrein gesetel is. Dit is nie altyd net moontlik om die ommeswaai van die linker na die regterbrein te maak nie. “Gebruik die dik kwas om jou te help om na jou regterbrein oor te skakel,” het sy gesê.
Christie Brits help Taylor de Beer om die regte kleur wat sy benodig te meng.
Lieselotte Smit besig met afrondingswerk aan haar papegaai.
Janco Labuschagne besig om die finale afrondingswerk aan sy skildery te doen.
Kate van der Walt (Gr 11) besig om aan haar skildery te werk.
Zettie demonstreer een van die tegnieke met akrielverfkuns aan ’n paar kunsstudente.
Om jou te help met ’n kunswerk van ’n dier of mens, begin by die oog sodat jy voortdurend oogkontak met jou skildery kan maak. Hy kan vir jou sien en jy vir hom.
Slegs die drie basiese kleure van geel, blou en rooi (plus wit) word gebruik waaruit die leerlinge al die ander kleure self moes meng. Dit neem nogal heelwat oefening, maar met die hulp van Zettie en hul vakonderwyser, Christie Brits, het hulle tog gesnap dat dit moontlik is.
Daar was ’n doodse stilte soos elkeen op sy skildery gekonsentreer het met die twee kunsinstrukteurs wat soms by ’n groepie gestaan of gaan sit het en meer verduidelik en gehelp het.
Aan die einde van die werkwinkel het al die studente hulle werkstukke uitgestal, voltooi of net gedeeltelik voltooi, dit was alles die moeite werd.
Gedurende ’n onderhoud met Kwêvoël na afloop van die klas het Zettie gesê dat sy beïndruk is met hierdie baie oulike studente waar daar baie sluimerende potensiaal is en verskeie wat duidelik baie begaafd is. Daar is een voorwaarde, die stimulus moet voortdurend daar wees, hulle moet net volhou waarmee hulle begin het.
Met die tipe van toewyding aan die kunsstudente is dit ook geen wonder dat Christie Brits se visuelekunsstudente verlede jaar die hoogste vakgemiddeld naamlik 79,67% vir die Waterberg streek behaal het nie. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/12/kunsleerlinge-leer-meer-oor-akriel-verftegnieke/ | 2021-03-12 04:57:27 |
Eskom se Medupi en Kusile - ’n Plan wat nie kan werk | Medupi en Kusile kragstasies is voorgehou as dié megaprojekte wat die energie-landskap van Suid-Afrika totaal gaan verander. Die projekte is in 2007 geloods toe kragonderbrekings die myne op hulle knieë gedwing het op ’n stadium dat daar ’n groot oplewing in die lewering van grondstowwe was.
Die kragstasies, wat teen ’n geprojekteerde R163,2 miljard opgerig sou word, was veronderstel om teen 2015 ten volle operasioneel te wees. Die geskatte voltooiingsdatum van Kusile word gereken op 2023 en soos sake nou verloop lyk dit asof die kragstasies nooit ten volle operasioneel sal wees nie. Die werklike koste beloop reeds meer as R450 miljard en steeds styg uitgawes.
Op 5 Desember 2019 het Kwêvoël ’n berig geplaas – ‘Medupi – Geen ekonomiese oplewing net gevaarlike besoedeling.’ Dit het gebeur nadat daar reeds beriggewing gedoen is oor die ANC se direkte betrokkenheid as aandeelhouer van Hittachi wat die kontrak gehad het om die stoomketels te verskaf en stakings deur werkers omdat hulle nie die hooggespesialiseerde sweisers op die terrein wou toelaat nie.
Die verslag wat Kwêvoël aangehaal het sê ondermeer:
“Die konstruksie van Medupi het nie alleen vir Eskom op sy knieë gebring nie, maar ook die nasionale ekonomie bedreig, dan het dit ook nog ’n vernietigende impak op plaaslike gemeenskappe en die omgewing van Lephalale meegebring.
Die konstruksie van Medupi het ’n vloedgolf van kapitaal in die gemeenskap ingebring wat meer bote laat sink het as die wat op die golf gery het. Hierdie gety beweeg nou uit en laat die gemeenskap met verbreekte beloftes en valse hoop.”
Dit is die einde nie en baie probleme wag steeds op Eskom.
Lees hier meer oor die plan wat nie werk nie. Read more about Medupi and Kusile an Eskom plan designed to fail
Gebruik ook die soekfunksie van die Kwêvoël nuusbrief en soek: Medupi-. Hier sal jy kommentaar kry wat Kwêvoël reeds op 26 Julie 2013 gepubliseer het wat reeds ernstige probleme uitwys. Tog gaan dit maar net voort en word al meer en meer geld verkwis. Gaan loer by RELATED en sien wat een van die bekende besproeiingsboere reeds in 2009 gesê het oor die Mokolo-waterprojek om water aan Medupi uit die Krokodilrivier te voorsien.
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël sedert 1983 | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/18/eskom-se-medupi-en-kusile-n-plan-wat-nie-kan-werk/ | 2021-03-18 18:13:18 |
Kennisgewing van beplande wateronderbrekings vir Thabazimbi | Die Thabazimbi Munisipaliteit het ’n kennisgewing uitgestuur vir beplande wateronderbrekings vir Thabazimbi-dorp, Ipelegeng en Regorogile (alle uitbreidings).
Die onderbrekings word gedoen om die nodige installasie van die pype en ander nodige onderdele by die pas geboude klep-kamers af te handel. Terselfdertyd sal hierdie stelsel aan die bestaande waterpyplyn-netwerk gekoppel word.
Die onderbrekings is vanaf Dinsdag 9 Maart regdeur tot Dinsdag 25 Maart 2021 geskeduleer – Sien onder vir die kennisgewing en die skedule vir wateronderbrekings.
Onvoorsiene omstandighede kan daartoe lei dat ondebrekings wat nie geskeduleer is, mag voorkom in welke geval inligting aangaande die verandering in skedule deurgegee sal word.
Die Munisipaliteit versoek inwoners om water spaarsaamig te gebruik. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/09/kennisgewing-van-beplande-wateronderbrekings-vir-thabazimbi/ | 2021-03-09 06:33:34 |
Gehoorverlies - Klankgrens by Medhof kan jou help | Statistieke wys dat bykans een uit elke drie ouer mense tussen die ouderdomme van 64 en 74 ’n mate van gehoorverlies ervaar en byna die helfte van mense ouer as 75 vind dit moeilik om te hoor.
Ouer mense wat sukkel met gehoor neig om depressief te word aangesien hulle gefrustreerd en skaam voel omdat hulle nie altyd kan volg wat gesê word nie. Soms dink mense dat die persoon verward is en nie reageer of hulle samewerking wil gee nie.
Dit kan tot erge spanning in die huishouding lei, selfs te meer indien die probleem geïdentifiseer is maar trots en ontkenning die ouer persoon verhoed om ’n gehoorapparaat te dra. Die woorde “Moenie op my skreeu nie”, is maar te goed bekend in sulke huishoudings en kan vermy word deur die ouer persoon te oortuig om self eerlik hieromtrent te wees.
Hoe weet jy of jy ’n gehoorprobleem het of nie
Jy het ’n gehoorprobleem indien jy:-
Sukkel om oor die telefoon te hoor wat gesê word
Gesprekke tussen twee ander mense moeilik volg
Gereeld vra dat iets herhaal moet word
Sukkel om te hoor indien daar te veel agtergrond lawaai is
Dink dat ander mense mompel as hulle met jou praat
Kan nie verstaan as ander lede van die huisgesin met jou praat nie
Gehoorverlies tree stelselmatig in met ouderdom en kan wissel van geringe verlies, soos om nie die hoë klanke van vroue- en kinderstemme te kan identifiseer nie, tot ’n algehele gehoorverlies.
Indien ’n probleem geïdentifiseer is, besoek Klankgrens by Medhof Apteek. Hulle sal ’n volledige toets doen om die mate van gehoorverlies in elke oor te bepaal en ’n aanbeveling maak oor die beste oplossing.
Praat met hulle oor die beste alternatief vir jou persoonlike behoefte. Moenie wag dat ’n onuithoubare situasie in die huis ontwikkel voordat jy iets daadwerklik doen nie – Maak sommer nou ’n afspraak en praat met die kundige mense.
Indien die mediesefonds nie gehoorapparate dek nie, betrek ander familielede en vriende – Wat kan nou ’n groter verjaarsdag- of Kersgeskenk wees as om iemand sy of haar gehoor terug te gee?
Vir iemand wat nie aan gehoorverlies ly nie is dit bykans ondenkbaar om die genot te beskryf van so ’n persoon om weereens die vrolike voëlsang soggens te hoor, so ook die jubel babbel van ’n baba of die vrolike gespeel van die kleinkinders.
Bron: Internet – Hearing Loss: A common Problem for Older Adults | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/10/gehoorverlies-klankgrens-by-medhof-kan-jou-help/ | 2021-03-10 19:57:38 |
Suid-Afrikaanse man sterf in terreur aanval op Mosambiekse dorp | ’n Suid-Afrikaanse man, Adrian Nel, is dood terwyl hy en nog ander voortvlugtiges in ’n hinderlaag beland het toe hulle uit ’n hotel na veiligheid gevlug het. Ses ander mense het ook in die hinderlaag gesterf.
Sy pa wat saam met hom was, het sy liggaam saamgedra terwyl hulle vir die terroriste gevlug het. Hy en sy jongste seun is ongedeerd en het onder ’n bos, met Adrian se liggaam by hulle, tot die volgende oggend weggekruip voordat hulle gered is.
Adrian het saam met sy pa, Gregory, en jongste broer aan ’n bou kontrak gewerk om akkommodasie kampe in die dorp Palma, die gas-kern in die noorde van Mosambiek, te bou.
Woensdag het ’n onbekende aantal jihadist-terroriste met gewere op die dorp toegesak en sonder enige diskriminasie op inwoners begin skiet. Sowat 200 arbeiders en buitelanders is gedwing om skuiling in die Amarula Hotel te soek. Vir twee dae was hulle daar vasgekeer terwyl swaar artillerie skote buite die hotel hoorbaar was.
Net sewe motors van die 17 motors in die konvooi, het die dorp veilig bereik, terwyl die ander gedwing is om terug te draai.
Nel se liggaam is tans in die lykshuis in Pemba, die provinsiale hoofstad, waarheen die voortvlugtiges geneem is. Terwyl Nel se jongste broer die eerste vlug terug na Suid-Afrika sou haal, het Nel se pa agtergebly om eers die formaliteite om sy seun se liggaam terug te stuur na Suid-Afrika af te handel.
Volgens berigte is die dorp van sowat 75 000 inwoners, sê strate en die strand besaai met lyke waarvan baie onthoof is. Palma is in een van die baie arm streke van Mosambiek waar die meeste inwoners oorwegend Moslem is.
Die Cabo Delgado provinsie, waar Palma geleë is, is reeds sedert 2017 die teiken van ’n Islamitiese insurgensie met bande met die Islamitiese Staat. Die terroriste het beheer oor die dorp Palma oorgeneem en honderde mense het per boot na Pemba gevlug. Verskeie Britse onderdane was ook by die Franse gas-projek se ontwikkeling betrokke.
Volgens ’n plaaslike militêre kenner, beskik Suid-Afrika nie oor finansies om sy hulp aan te bied nie. Boonop is die meeste wapentuig in ’n swak toestand en kan dit nie meer gebruik word nie.
Read More – Lees Meer | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/29/suid-afrikaanse-man-sterf-in-terreur-aanval-op-mosambiekse-dorp/ | 2021-03-29 10:45:30 |
Bekende oud onderwyseres en boervrou oorlede | Een van die bekendste boervrouens in die Rooibokkraal omgewing, Erika Lee, is oorlede na ’n kort siekbed nadat sy die week van tevore siek geword het.
Toe haar gesondheid nie verbeter nie is sy Maandag 8 Maart in Mediclinic Hospitaal op Thabazimbi opgeneem waar Covid-19 infeksie by haar gediagnoseer is. Dinsdag 9 Maart het haar toestand skielik verswak en daar is besluit om haar na Brits Mediclinic oor te plaas waar sy op ’n ventilator geplaas is. Haar toestand het bly versleg en sy is die aand om 21:00 oorlede.
Erika se algemene gesondheidstoestand het oor die laaste tyd verswak na sy in die afgelope vyf jaar twee rugoperasies en ’n heupvervanging gehad het. Dit het haar egter nie van stryk gebring nie en sy was steeds aktief by die VLU, waarvan sy reeds die afgelope 44 jaar lid van was, betrokke.
Strewe VLU: “Dis hoe ons haar gaan onthou – altyd ‘n grappie!
Die skakelbeampte van Strewe VLU, Ilna Schutte, het aan Kwêvoël gesê dat Erika gedurende 1977 as lid by Strewe-tak aangesluit het. Gedurende hierdie tydperk by Strewe het sy ondermeer as skakelbeampte en sekretaresse gedien en het gedurende 2017 haar 40-Jaar lidmaatskapknopie ontvang.
Erika het aan die VLU kompetisies deelgeneem en het gereeld pryse met haar kunswerke tydens die VLU Kongresse gewen. Haar mees onlangse prys, ’n tweedeplek vir ’n “Gemengde Kunswerk”, het sy nooit ontvang nie. Die oorhandiging van die prys sou Donderdag 11 Maart tydens ’n geleentheid wat op Ellisras aangebied is plaasvind.
Volgens Ilna was Erika ’n vriendin vol wysheid en pret – “Ons gaan haar baie mis!”, het sy gesê.
Volgens Callie het Erika ’n belangstelling in feitlik alle kunsvorme gehad maar sy het later jare met skilderwerk begin uitblink.
Erika (Sonnekus) het in Bethlehem in die Vrystaat opgegroei en ook daar haar skoolloopbaan voltooi. Sy het daarna aan die Normaal Kollege in Pretoria haar as onderwyser bekwaam. Dit was juis hier waar sy vir Callie ontmoet het. Na onderwyskollege het hulle ’n tyd lank in Pretoria skoolgehou.
Erika saam met Makylee en Michael.
Die twee is in 1972 getroud en het na Thabazimbi verhuis waar albei onderwysposte op Thabazimbi aanvaar het en ook deeltyds begin boer het. In 1980 het hulle besluit om voltyd te gaan boer. Erika het toe by Laerskool Van Wykskraal onderwys gegee waar sy haar passie vir kleiner kinders uitgeleef het.
Alhoewel Erika voltyds by al die fasette van die boerdery betrokke was en ’n groot deel van die administrasie behartig het, was sy steeds instrumenteel betrokke om die Makoppa skool (Laerskool Van Wykskraal) oop te hou toe dit moes sluit as gevolg van dalende leerlinggetalle. Hierin was sy totaal onbaatsugtig en het vir ’n tyd lank sonder om salaris te ontvang skoolgehou.
Callie en Erika het vir 53 jaar ’n lewe gedeel waarvan hulle op 1 Julie vir 49 jaar getroud sou wees. Hulle het drie kinders Hardus, Rentia en Maryke. Hardus is getroud met Jeanette en hulle het twee seuns, Carl (12) en Eugene (8). Rentia is getroud met Clive en hulle het ’n dogter Makylee (6) en seun Michael (4). Callie en Erika se jongste dogter, Maryke, het hulle in ’n motorongeluk in 1999 verloor toe sy 18 was.
Die familiefoto van 1996. Van links: Callie, Maryke, Erika, Hardus en Rentia.
Erika saam met haar kleinkinders van links – Michael, Eugene, Makylee en Carl.
Erika saam met haar familie.
Van links: Carl, Callie, Erika en Eugene.
Van links: Jeanette, Hardus, Erika Callie, Rentia en Clive.
Erika en Callie.
Callie en Erika op hul troudag.
Erika Sonnekus – nog ongetroud.
Die hele Lee/van Rensburg/van Heerden- Familie-saamtrek. (Oupa Gert en ouma Mariet Lee se kinders en kleinkinders)
Ma Erika
Erika se kinders en kleinkinders was haar hele wêreld. Volgens haar kinders was Erika ’n baie geliefde en belangstellende ouma wat altyd saam met die kleinkinders geswem, geteken en skaak gespeel het. Sy was ook baie lief vir diere, insekte en die natuur. Erika was baie geliefd en gaan deur almal baie gemis word.
Erika se Gedenkdiens vind op Vrydag 26 Maart om 11:00 vanuit die NG Gemeente Thabazimbi plaas en die diens sal deur ds Joggie Kotze gelei word.
Foto’s verskaf deur Strewe VLU-tak: Uit die argief: Erika – haar kunswerke en toekennings
Erika – Foto uit VLU Strewe argief 1985. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/18/bekende-oud-onderwyseres-en-boervrou-oorlede/ | 2021-03-18 12:18:56 |
Vollie nader die Groot 90 | Een van Thabazimbi se oudste inwoners, Vollie Volschenk, het Donderdag 11 Maart sy 89ste verjaarsdag gevier.
Vollie, met ’n voorgee van 21, is steeds ’n ywerig gholfspeler wat elke Woensdagmiddag saam met sy gholfmaats, dr Willem du Plessis, Jakkie van der Wateren en Jacques van Eyssen, ’n ronde sosiale gholf by die Thabazimbi Gholfklub gaan speel. Hy is ook steeds lid van Sages en speel gereeld saam waar moontlik.
Weens ’n artroskopiese operasie aan beide sy knieë aan die einde van 2020, was sy beweging bietjie gestrem en moes hy wag totdat hy voldoende herstel het voordat hulle weer met die vierbal kon voortgaan.
Vollie se ander liefde, buiten Rita, is natuurlik sy kreatiewe skryfwerk waarmee hy hom steeds besig hou. Verlede jaar, op sy verjaarsdag, het hy die voorreg gehad om ’n bundel van sy werke, “Eenvoudig Dis Ek, in ontvangs te neem.
Vollie en Rita Volschenk rustig in hulle tuin op Thabazimbi. Vollie het Donderdag 11 Maart sy 89ste verjaarsdag gevier.
Weens ander verpligtinge kon Vollie se twee dogters wat in Suid-Afrika woonagtig is, nie sy verjaarsdag saam vier nie, maar het hom verras met ’n kuiertjie die naweek voor sy verjaarsdag. Hulle is op die foto saam met Vollie en Rita, Dineke heel links en regs is Karin en haar man Denis.
Die bundel bestaan uit sommige van sy gedigte asook verskeie kortverhale en prosa stukkies. Die druk daarvan was die prys wat hy losgeslaan het in ’n kompetisie wat jaarliks deur die Genootskap van die Handhawing van Afrikaans jaarliks geloods word. Al die wen-gedigte word in ’n bundel na afloop van die kompetisie uitgee.
Vir verlede jaar se kompetisie het hy sewe gedigte ingeskryf waarvan vyf vir publikasie in die digbundel aanvaar is. Vir vanjaar se kompetisie het hy oorspronklik vyf berigte ingeskryf. Die organiseerders het deelnemers die kans gebied om nog ’n gedig, wat oor die inperking moes handel, in te dien. Vollie het so gedoen en sy spesifieke gedig oor hierdie onderwerp is vir insluiting in die digbundel goedgekeur. Dit bring die aantal gedigte van hom wat vir vanjaar se kompetisie vir die digbundel gekies is, weereens op vyf te staan.
Weens die Covid-19 Inperking kon daar nie die groot verjaarsdagviering soos verlede jaar by die Gholfklub aangebied word nie en Vollie en Rita het dit rustig tuis saam met ’n paar vriende gevier.
Verlede jaar het Vollie se suster Talla, spesiaal vanaf Cyprus waar sy woonagtig is, vir hom op sy verjaarsdag kom verras. Sy het nog ’n rukkie by hom en Rita op Thabazimbi gekuier waarna sy terug is na Pretoria om haar vlug huis-toe te haal. Die dag voordat sy op die vliegtuig moes klim, is die Covid-19 Inperking afgekondig en sy was in Suid-Afrika vasgekeer.
Vollie het gereël dat sy weer terugkom na Thabazimbi waar sy toe vir meer as twee maande verder gekuier het voordat daar ’n terug-vlug vir haar gereël kon word. | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/15/vollie-nader-die-groot-90/ | 2021-03-15 10:14:16 |
ANC erken selektiewe hulp in toerismebedryf is ter wille van transformasie | Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus erken wittes in toerismebedryf word misken ter wille van die transformasie van die bedryf.
In ‘n mediaverklaring wat deur die VF Plus se LP in Noordwes provinsie, Fanie du Toit, uitgereik is, sê hy dat hierdie besluit geneem is sonder inagneming van die aantal swart persone wat in diens van wit ondernemings staan wat tans sukkel om te oorleef en wat ook gaan ly indien die ondernemings hul deure moet sluit.
Om staatshulp op grond van ras te weerhou in ʼn industrie wat in totaliteit belangrik is vir die groei van die land se ekonomie, veral post-Covid-19, is diskriminasie wat niks anders is nie as rassisme.
Deur slegs daarop te fokus om swart entrepreneurs te steun of maatskappye met swart eienaarskap van 51%, word daar op individue gefokus en nie op die industrie of die ekonomie nie.
Die ironie hiervan is dat die toerisme-industrie afhanklik is van toeriste van alle lande en dat hulle geld hier bestee word, ongeag hul ras.
Volgens president Cyril Ramaphosa dra toerisme direk 2.9% by tot die bruto binnelandse produk (BBP) van Suid-Afrika en 8.6% op indirekte wyse. Die bedryf verskaf tans nog werk aan 1.5 miljoen mense. Dit kan vinnig afneem indien almal in die bedryf nie gehelp word nie.
“Die plig van ʼn regering is om ‘n veilige en ekonomiese stimulerende omgewing te skep. Dit sal tot almal se voordeel wees, wit en swart,” het Du Toit verder aangevoer.
Hy sluit die verklaring af deur te se te sê: “Die minister se erkenning dat die selektiewe hulp aan die industrie niks anders is nie as ʼn poging om die industrie te transformeer, kom ten koste van die land se breë ekonomie. Sonder ekonomiese groei word almal verarm. Maar die ANC is so behep met kleur en ras dat hy dit nie raaksien nie.” | https://www.kwevoel.co.za/2021/03/18/anc-erken-selektiewe-hulp-in-toerismebedryf-is-ter-wille-van-transformasie/ | 2021-03-18 04:23:12 |
Eerste skatting van Namibië se dolfynbevolkings | Eerste skatting van Namibië se dolfynbevolkings
Foto Simon Elwen
Die Namibiese eilande se mariene bewaringsgebied (bekend as NIMPA), wat 25% van die algehele kuslyn van Namibië beslaan, en een van die grootste mariene bewaringsgebiede in Afrika is, is die tuiste van ’n groot bevolking van ongeveer 1 600 Heaviside se dolfyne en 3 500 Afrika-vaaldolfyne.
Dit is die bevindings van die eerste getalleskatting van die aantal dolfyne wat van hierdie area gebruik maak, sedert NIMPA se totstandkoming in 2009. Hierdie bevindings is onlangs in die vaktydskrifte Frontiers in Marine Science en die African Journal of Marine Science gepubliseer.
Die Namibiese eilande se mariene bewaringsgebied is geleë in die noorderlike Benguela-stroom se opwellingsgebied, een van die mees produktiewe mariene ekosisteme ter wêreld. Mariene bioloë van die Namibiese Dolfynprojek en die Namibiese ministerie van visserye en mariene hulpbronne, het die navorsing vanaf 2012 tot 2014 onderneem.
Die span het van nuwe opname- en statistiese metodes gebruik gemaak om getalleskattings (bevolkingsgrootte) uit skeepsopnamedata te genereer. Die dolfyne is gevind deur ’n kombinasie van visuele waarnemings wat van die skip se dek af gemaak is, en deur middel van onderwater akoestiese opnames wat gemaak is van ’n stel hidrofone (onderwatermikrofone) wat 400m agter die vaartuig gesleep is.
Aangesien die meeste dolfyne baie op klank staatmaak – hulle maak bedags, sowel as snags gebruik van klank om hulself te oriënteer, kos te soek en vir kommunikasie – is hulle ideale kandidate vir akoestiese monitering. Hierdie hidrofoonopstelling was in staat om dolfynklanke waar te neem soos wat die navorsingskip deur hulle habitat beweeg het.
Opname metodes
Dr Tess Gridley, mededirekteur van Sea Search en die Namibiese Dolpfynprojek en ’n mede-outeur, sê die vermoë om die teenwoordigheid van diere te identifiseer onderwyl hulle onderwater is, het die opsporingskoers verbeter en help om te verseker dat diere nie gemis word nie.
“Alhoewel die visuele opnamespan bedags baie effektief was, was die gesleepte hidrofoonopstelling ook in staat om diere waar te neem in swak weersomstandighede en snags wanneer visuele waarneming nie moontlik was nie,” sê sy.
Dr Morgan Martin, wat die studie onderneem het as deel van haar navorsing vir haar PhD-proefskrif by die Universiteit van Pretoria, sê die studie verskaf belangrike basislyninligting oor dolfyngetalle vir Namibië se enigste mariene bewaringsgebied, en dien as model vir die oorblywende Benguela-stroomekosisteem.
Dr Simon Elwin, mede-direkteur van die Sea Search en Namibiese Dolfynprojek, sê die uitvoer van hierdie tipe van projekte is fisies uitdagend: “Ons het 24 uur per dag die hidrofone en navigasie gemonitor, en dit op ’n kleinerige boot in redelike rowwe seewaters. Ons is egter baie tevrede dat ons nou uiteindelik die resultate kon publiseer.
Terwyl Namibië se dolfyne nie so erg deur byvangste of jagaktiwiteite benadeel word nie, was daar in die verlede groot veranderings in die ekosisteem, waaronder die ineenstorting van die sardienbevolking, en die toename in myn- en prospekteringsaktiwiteite.
“Terwyl die aantal dolfyne in NIMPA goed vergelyk met soorgelyke bevolkings in ander areas, het ons nie toegang tot historiese data nie. Dit is dus moeilik om te sê of die Namibiese bevolking verminder of vermeerder het,” sluit die navorsers af. | https://www.we.com.na/news/eerste-skatting-van-namibi-se-dolfynbevolkings2021-03-01/ | 2021-03-01 00:00:00 |
’n Sjiek en sjarmante Fransman wat harte gaan laat swymel | ’n Sjiek en sjarmante Fransman wat harte gaan laat swymel
2021 Peugeot 2008
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Peugeot se indrukwekkende nuwe 2008 is onlangs in Suider-Afrika bekendgestel. Ons het die plaaslike bekendstelling in ’n papsopwinterwaternat Limpopo bygewoon en sommer ook die buksie kort daarna in die sonnige Kaap vir ’n week onder hande gehad.
Die 2008 is ’n kompakte sportnuts wat ook as familiemotor vir ’n kleinerige gesin kan diens doen. In hierdie segment, wat wêreldwyd al hoe gewilder word, spook meeste motorvervaardigers kliphard vir ’n plek en die mededinging is straf, om dit sagkens te stel.
Een uit elke vyf motors wat in SA die vertoonvloer verlaat, kom uit hierdie segment.
Na die onlangse bekendstelling van Stellantis, die nuwe sambreelnaam vir Peugeot/Citroën oftewel PSA Groupe en Fiat/Chrysler/Alfa (FCA) wie saamgesmelt het om die vierde grootste motorvervaardiger in die wêreld te word, is die 2008 die eerste model uit hierdie konglomeraat wat hier bekendgestel is.
Mooi
Die voorkoms maak die nuwe 2008 sekerlik die mooiste kompakte SUV in SA. Die nuweling word op Stellantis se nuwe generasie CMP (Common Modular Platform) onderstel gebou in die Stellantis Vigo aanleg in Spanje waar petrol, diesel en toekomstige elektriese aandrywing gemonteer word.
Die 2021 2008 is na ons mening seker die mooiste in sy segment met ’n forse neusontwerp waar treffende LED 3-klou hoofligte en stylvolle dagryliggies wat volgens Peugeot aan die slagtande van Sabre-tand tierkat herinner, onmiddellik aandag trek. Die prominente lugskort voor onder die neus onderstreep die 2008 se sportiewe gene.
Met ’n swart “swewende” dak en opwip baklyn oor die agterste wiele, vertoon die kantprofiel van die nuwe 2008 modern en sportief.
Kajuit en toerusting
Bougehalte, ontwerp en uitleg is klasleidend met hoë vlakke van standaard toerusting in wat tot op hede sekerlik die mooiste moderne kajuit vir Peugeot is.
Tipiese Franse flair kenmerk die 2008 se binneruim met pragtige ontwerplyne, vlakke en hoeke. Die afwerking en gehalte is uitstekend in wat loshande die mooiste kajuitontwerp is wat ons in ‘n lang tyd gesien het. Die groter 3008 is met ’n kortkop tweede.
Die voorpaneel word rondom die bestuurder gevou met digitale instrumentasie en skakelaars wat meer tuis is in ’n futuristiese ruimtetuig. Agter die pragtig ontwerpte stuurwiel is Peugeot se 3de generasie “i-Cockpit” in 3-D beeltenis wat ritinligting aan die bestuurder in ’n waas van sagte beligting projekteer.
Middel bo in die voorpaneel is die hoë definisie kleur infotainment skerm (7” vir die intree Active en 10” vir die luukse Allute en Topmodel GT-Line) ook effe na die bestuurder gedraai. Hierdie skerm bied SatNav asook klank en kommunikasie met Android Auto en Apple CarPlay funksionaliteit. Ook die tru-kamera beelde, ritlinligting met meeste van die voertuig en funksionele inligting wat hier besigtig en verstel kan word.
Die stuurwiel beskik oor skakelaars vir die telefoon en die 10 luidspreker Focal-klankstelsel met ’n 515W 12-kanaal versterker. Ook die skakelaars om die inligting en uitleg op die 3-D instrumente paneel te verander, asook skakelaars vir spoedbeheer en om stemopdragte te gee is netjies hier verpak.
Die nuwe 2008 kom toegerus met omvattende aktiewe en passiewe veiligheidstelsels asook nuwe generasie bestuurderhulpstelsels soos ondermeer gonsers wat waarsku as daar uit die rybaan wegdryf.
Die nuwe 2008 bied ’n dubbelvloer bagasieruim vir ’n maksimum laaispasie van 434 liter. Die agterste sitplekke kan 60:40 platvou om nog groter laairuimte te skep.
Twee weergawes
Plaaslik is die 2008 beskikbaar met twee weergawes van Peugeot se 1.2liter turbo petrolenjin.
Kopers kan kies tussen ’n 74 kW/205 Nm of 96 kW/ 230 Nm kragbron waar die 96kW weergawe slegs met ‘n 6-gang outomatiese ratkas beskikbaar is.
Drie modelle is tans hier te koop met die intree 2008 Active model wat met ’n opsie van die 74kW enjin gekoppel aan die 6-spoed handratkas, of die 96kW enjin wat met 6-gang outokas toegerus is.
Die middelvlakafwerking “Allure” en “GT-Line” topmodel is egter slegs beskikbaar met die 96kW enjin en 6-gang outomatiese ratkas.
Ons het slegs die GT-line gery en was beïndruk hoe gemaklik die enjin reageer wanneer versnel moet word om verby te steek, selfs in die dun Hoëveld lug. Die 3-silinder turbo was lewendig met die 230Nm wringkrag wat vir gladde en gemaklike verrigting in stadsverkeer gesorg het.
Die bestuurder kan kies tussen drie ritmodusse, naamlik Eco, Sport of Normaal. My gemiddelde brandstof verbruik aan die rand tydens bekendstelling was 6,9L/100km en hier aan die kus na meer as 1400, was ons beste verbruik 6,5L/100km en slegste 7,1L/100km. Inderdaad indrukwekkend.
Harte oorrompel
Die 2021 Peugeot 2008 het beïndruk en ons harte oorrompel met ’n sjiek, stylvolle voorkoms en uitsonderlike ritgehalte en padgedrag vir hierdie segment.
Dit is mooier, stylvoller, beter ontwerp, beter toegerus en beter afgewerk as enige van sy kompetisie in hierdie hoogs mededingende marksegment.
Met ’n kompeterende prys is die nuwe 2008 moeilik om te ignoreer en gaan hierdie Fransman baie harte wen.
Boonop met Stellantis nou self aan die stuur van sake wat betref verspreiding, handelaars en naverkoopdiens, gaan baie van die plaaslike Peugeot aanhangers die spoke van die verlede kan ignoreer.
Vive le France! | https://www.we.com.na/news/n-sjiek-en-sjarmante-fransman-wat-harte-gaan-laat-swymel2021-03-29/ | 2021-03-29 00:00:00 |
Die lekker alternatief | Die lekker alternatief
Ons ry met Ford se Tourneo Custom 2.0 Limited
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Baie lank gelede, om presies te wees hier in 1993/94, het ek ’n nuwe VW Kombi Caravelle bussie gekoop. My eerste bus en daardie tyd die luukste in sy segment. My 2-deur Duitse vuurwa het die ander plek in die garage ingeneem vir wanneer die jaagduiwel van my besit sou neem. Met twee woelwater seuns en my sterk wanderlust, was die Volksiebus die ideale gesinsvoertuig vir wanneer ons die volgende roete wou gaan verken.
Die kort van ’n lang storie is dat terwyl die Volksiebus se regaf neus en byna op die voorwiele sit, tyd geneem het om aan gewoond te raak, was dit nie lank nie of die bussie het my gunsteling daaglikse vervoer geword.
Vandag steeds geniet ek gesinsbussies, weliswaar veel luukser en met hedendaagse bussie-ontwerp, is die ritdinamika veel meer soos ’n kar as wat toentertyd se taxi-agtige bestuurervaring was .
Feit is, deesdae se bussies het ook die gunsteling vervoermiddel vir die gasvryheid- en toerismebedryf geword en daarmee saam al hoe meer klem op gerief en luukshede. Die gevolg is dat sommige van hierdie luukse bussies al só duur en limoesienagtig weelderig geraak het met pryse van meer as N$1,7 miljoen, dat dit as die ideale vervoermiddel vir uitvoerende hoofde van groot maatskappye kan dien.
‘Meer bekostigbaar’
Ford se topklas Tourneo Custom LTD gesinsbussie is vir 2020 opgeknap en tel as een van die meer “bekostigbare” bussies tans op die mark. Die opgekikkerde Tourneo Custom LTD soos ons toetswiele, het ’n nuwe baie gewillige 2.0 liter dieselturbo kragbron met ’n heerlike 6-gang outokas, weliswaar nog die ou 6-gang, maar pas perfek by die enjin se 136kW en 415Nm wringkrag vir soomlose oorskakeling.
Brandstofverbruik na bykans 2 000km se gemengde gebruik was ’n uitstekende 7,9L/100km.
Die Tourneo is nogal ’n groterige wa, maar van agter die stuurwiel was die ritervaring vir my net positief. Die sitplekposisie het vir uitstekende sigbaarheid gesorg en die enjin se gewilligheid om te versnel as jy die regtervoet plant was prysenswaardig.
Verder het die bussie rats en gewillig gevoel met gemaklike verbysteek tydens togsnelhede op die ooppad. In geheel het die Tourneo Custom meer soos ’n gesinsmotor gery as ’n groot taxibus.
Ek kon ook by geleentheid ‘n groot dubbel-as sleepwa met so 2 ton se perdevoer gelaai agter die Tourneo hak en het besef dat die bussie gemaklik ’n groterige boot of karavaan sal sleep as die gesin op ’n kampvakansie wil gaan.
Die ruim, weelderige kajuit wat met groot elektronies ondersteunde skuifdeure weerskante passasiers vinnig en gemaklik kan laat in- en uitklim, bied uitstekende spasie vir 8+ insittendes in gemaklike sitplekke.
Beïndruk
Ons toetsmodel het beïndruk met hoë vlakke van elektroniese bykomstighede en ander katoetertjies ten einde die bestuurder en passasiers te geval. Satelliet navigasie, ’n uitstekende klankstelsel en klimaatbeheer vir voor en agter het enige rit gerieflik gemaak.
Die gebruiklike infotainmentskerm is sentraal middel bo in die voorpaneel geplaas en is maklik bereikbaar vir die voorste insittendes. In der waarheid is die ergonomie en uitleg van die voorpaneel en skakelaars uitstekend. Die trukamerabeelde en agterste parkeergonser help wanneer die groot bussie in knap parkeerruimtes genavigeer moet word.
Daar is genoeg koppel- en laaipunte vir slimfone en elektroniese toerusting met maklike verbinding via Appel CarPlay en Android Auto vir klank en kommunikasie. Gerieflik was ook die vele pak- en stoorplekkies vir verskeie grootte bottels, houers en eetgoedjies vir die reis. Die gemaklike sitplekke agter het prakties geskuif met die tweede ry sitplekke wat kan omdraai om die derde ry gaste in die oë te kan kyk.
Die Torneo Custom se uitstekende ritgehalte, hoë vlakke van standaard toerusting, ruim kajuitspasie, ekonomiese en gewillige enjin asook die uitstekende klankdigtheid van die kajuit by topsnelhede, is dit na ons mening die ideale bussie vir ’n groot gesin. Die stil kajuit steek ander veel duurder en meer geroemde luukse bussies behoorlik die loef af wat gebrek aan wind en padgeraas in die kajuit betref.
Tydens ons toetstyd moes ons lang ente grondpad ry en ook hier het die 2020 Tourneo Custom LTD beïndruk met uitstekende paddinamika en ritgehalte.
Met ’n pryskaartjie in die omgewing van N$750 000 is die Ford Tourneo Custom Limited tans bo-aan my lys as ek ’n gesinsbussie wil aanskaf. | https://www.we.com.na/news/die-lekker-alternatief2021-03-16/ | 2021-03-16 00:00:00 |
Ons ry met Land Rover se nuwe Disco Sport | Ons ry met Land Rover se nuwe Disco Sport
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Land Rover se opgegradeerde Discovery Sport is in die eerste kwartaal van 2020 bekendgestel, maar ons het dit eers onlangs vir ’n week onderhande kon neem.
Die Discovery Sport is ’n mediumgrootte luukse SUV en bied 7-sitplekke. Ons het die D200 dieselweergawe bestuur wat met die top spesifikasievlak HSE toegerus is en boonop in die R-Dynamique sportiewe pakket afgewerk is.
Dit was gou duidelik dat Land Rover vasbeslote was om die 2020 Discovery Sport modelreeks ’n omvattende opgradering in alle fasette te gee.
Van buite lyk die opgedateerde vooraansig met nuwe LED-hoofligte sportief aggressief wat ook agter beklemtoon word met die drukvin op die agterklap.
Ons toetsmodel was toegerus met die opsionele 21” allooiwiele en 245/45/R21 Pirelli-bande wat die sportiewe voorkoms van die Discovery Sport verder onderstreep het. Terwyl hierdie wiele pragtig vertoon en vir goeie dinamika op die teerpad sorg, was dit eintlik ’n nadeel wanneer sand of grondpaaie aangedurf word.
Lekker lewendig
Die 2.0-liter turbodiesel enjin was lekker lewendig en het 147kW en 430Nm se piekkrag gelewer wat die krag na die pad deur al vier wiele stuur met behulp van ’n seepgladde 9-gang outomatiese ratkas wat teen topsnelhede sorg dat die enjin teen uiters lae toere hardloop en gevolglik goeie brandstofverbruik aanteken.
Die 2020 model deel nou ’n onderstel en platform met die meer moderne Range Rover Evoque wat tot gevolg het dat rigiditeit, vibrasies en geraasvlakke verminder is asook passasiergerief en veiligheid verbeter het.
Die kajuit is ook omvattend opgedateer en vertoon modern met uitstekende ergonomie. Land Rover se nuutste infotainment stelsel is van die nuwe generasie toerusting in die 2020 Discovery Sport asook die innoverende opsionele “ClearSight” tru-spieeltjie wat wyehoek kleurbeelde vertoon van ’n dakgemonteerde kamera wat na agter kyk. Die multifunksionele digitale instrumentpaneel is ook opsioneel.
Die binneruim vertoon “skoner” met goeie en duursame materiale wat in die HSE afwerking smaakvol vertoon en ’n ambiaans skep van luuksheid sonder om die robuuste karakter te verloor van ’n buitelug avontuur- en aktiwiteitsvoertuig.
Standaardtoerustingvlakke is verhoog en opgegradeer. Die Touch Pro-raakskerm gebruik steeds die bekende Land Rover/Range Rover ikone en werk intuitief met maklike koppeling via Android Auto of Apple CarPlay. Koordlose laaitafel, etlike USB kragsokke in die kajuit asook 4G wifi sone is van die toerusting in die nuwe Discovery Sport.
Getrou aan die Land Rover naam is die nuweling met ’n grondvryhoogte van 212mm, volgens Land Rover, net so bekwaam in die veld as sy voorganger – uiteraard sonder die lae-profiel stadtekkies van ons toetswa wat nie uitdagende veldry sal kan hanteer nie. Ons kon wel grondpad en tweespoor sandpaaie ry en danksy die 2020 model se tweede generasie “Active Driveline” en “Terrain Response” stelsels, het die Discovery Sport sonder enige probleem deur die uitdagende dik sand gery met die ritmodus vir sandry ingeskakel.
Slotsom
Met heerlike paddinamika en uitstekende ritgehalte is die 2020 Discovery Sport net so gemaklik en tuis in die besige strate van Sandton of op die snelweg. Hantering en stuurgevoel boesem vertroue in deur die draaie en op die grondpad, met die 4-trek stelsel wat seker maak die vier wiele bly op die pad danksy uitstekende klouvermoë.
Die opgedateerde en verbeterde Land Rover Discovery Sport bied veel meer gemak en luuksheid as die uitgaande model, sonder om sy hardebaard veldryer-beeld in te boet.
Ook in stadsverkeer en op die ooppad is die rit meer verfyn terwyl die insittendes ’n veel gemakliker kajuit in luuksheid kan beleef.
Tog kom dit teen ’n premie en terwyl hierdie segment uiters kompeterend is met kopers wat die beste tegnologie, weelde en voorkoms najaag, is ’n prys van meer as N$1 miljoen steeds styf in hierdie segment. Met gerekende teenstanders uit Duitsland soos die Mercedes GLC, BMW X3 en Audi se Q5 asook ’n netjiese Volvo XC60 uit Swede, gaan die stryd om kopers te lok hard en taai wees.
Dalk is die veldryvermoë van die Disco Sport sy troefkaart. Dalk is dit die 7-sitplekke wat die ander nie tans bied nie.
Die 2020 Land Rover Discovery Sport word verkoop met JLR se Care Plan as standaard wat ook ’n waarborg en diensplan van 5 jaar/100 000 km insluit. | https://www.we.com.na/news/ons-ry-met-land-rover-se-nuwe-disco-sport2021-03-12/ | 2021-03-12 00:00:00 |
Nuwe Opel Corsa loop nou met Franse styl | Nuwe Opel Corsa loop nou met Franse styl
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Opel, ’n Duitse vervaardiger van motors met ’n veelgeroemde geskiedenis plaaslik en internasionaal, het ’n klompie jare deel van die reuse General Motors stal geraak wat miljarde dollar in die maatskappy gegiet het ten einde produkontwikkeling en verspreiding in meer lande ter wêreld te dryf.
Toe GM egter in die meer onlangse verlede finansieel noustrop trek, is Opel aan die Franse PSA groep, oftewel Peugeot/Citroen, verkoop. PSA het egter ’n veel groter jas aangetrek en het so ’n maand of wat gelede, die dryfkrag geword agter die vierde grootste motorvervaardigingsgroep ter wêreld, bekend as Stellantis.
Die nuwe Opel Corsa is van die eerste motors wat gebou word op Stellantis se CMP-platform. Die Corsa is ook een van Opel se suksesverhale en meer as 14 miljoen eenhede is reeds wêreldwyd van die gewilde buksie verkoop.
Die 2021 Corsa is voorverlede week plaaslik bekendgestel en ons was bevoorreg om die oulike Duitser met Franse DNA se bekendstelling by te woon.
Van buksie na middelslag luikrug
Opel en spesifiek Corsa het ’n lang en mooi verbintenis met Suider-Afrika. Die nuweling is die sesde generasie Corsa wat plaaslik sy buiging maak en is, danksy die langer en breër CMP-platform, in grootte meer vergelykbaar met die laaste model Opel Astra as met die vorige Corsa.
Ons bekendstellingsmodel was in Opel se nuwe dieprooi bakkleur, bekend as “Pepperoncino Red” afgewerk, met ’n swart dak wat aan die nuweling ’n modern, sportiewe voorkoms verleen het.
Terwyl die Corsa in lengte en breedte gegroei het, is die dak laer gemaak asook die sitplekke nader aan die grond geplaas ten einde ’n laer swaartepunt te bereik. Terwyl beenruimte en skouerspasie groter geword het, bied die laer swaartepunt beter hantering en paddinamika.
Nuwe LED hoofligte met treffende dagryligontwerp dra by tot die 2021 Corsa se moderne voorkoms.
Van buksie na middelslag luikrug, ding die nuweling nou in ’n groter en duurder marksegment mee as die vorige klein stadsbuks.
Duitse bougehalte
Binne spreek die kajuit van tipiese Duitse bougehalte en selfs die intreemodel is uitstekend toegerus met standaardtoerusting.
Die instrumentepaneel vertoon modern met ’n digitale beeld wat groot, duidelike ikone vertoon. Ook so met die inligtingskerm in die middel van die voorpaneel waar al die nutsfunksies vir klank, kommunikasie en ritinligting vertoon word.
By die deftiger Elegance model word ook die beelde van die tru-kamera hier vertoon.
Die Elegance topmodel bied onder meer ’n selfstopfunksie in stadsverkeer, verhitte sitplekke asook ’n stelsel waar die voertuig terug in die baan “gedruk” word sou jy uit die baan dryf. Ook ’n laaiblad vir selfone is handig – ’n bykomstigheid wat nie sommer in hierdie segment aangebied word nie.
Wat vir ons oulik en prakties werk, is die skakelaars vir die lugverkoeling wat apart en onder die infoskerm geplaas is waar dit maklik bereikbaar is.
In geheel vertoon en voel die afwerking van die Elegance deftig.
Lewendige verrigting
Die nuwe Corsa word plaaslik beskikbaar gestel met die Peugeot/Citroen 1.2 liter 3-silinder petrolenjins in twee weergawes. Krag word na die voorwiele gestuur deur die opsie van ‘n 5-spoed handratkas of 6-spoed outomaties; laasgenoemde eksklusief vir die Elegance.
Die normaal ge-aspireerde 1.2 liter weergawe wat in die intree Corsa en die middelvlak Edition modelle diens doen, lewer 55kW en 118Nm se maksimum kragte.
Die Elegance kry egter turbo-aanjaging met die 1.2 liter wat dan 96kW en 230Nm se piekkragte lewer en lewendige verrigting tot gevolg het.
Een voordelige kenmerk van die Peugeot 3-silinder enjin is baie goeie brandstofverbruik wat grootliks toegeskryf kan word aan die nuwe Corsa se relatief lae massa, danksy die gebruik van aluminium vir die enjinkap en enjinblok. Ook die sitplekke is dunner.
Die gevolg is n gewigsverlies van meer as 100kg vir ’n totale gewig van net onder n ton. Daarmee saam is goeie lugdinamika-ontwerpe ingespan soos bekleding onder die vloer asook flappe in die sierrooster. Die gevolg is ’n sleursyfer van slegs 0.29Cd.
Ry-indrukke
Tydens die bekendstelling het ons net die topmodel Elegance met outomatiese ratkas gery. Ons roete van meer as 300km het ons oor stad- en ooppad roetes geneem. Die turbo-enjintjie is lewendig, versnel gemaklik en het geensins keel toegetrek as daar aangestoot word nie.
Die 6-gang outokas is ’n juweel en komplimenteer die enjin pragtig.
Die turbo weergawe sal my keuse wees. Die stuur voel lig en tog presies met die onderstel en veerstelsel wat gemaklike hantering en goeie ritgehalte verseker het.
Die 2021 Opel Corsa is ’n pragtige luikrug wat ’n welkome toevoeging is tot die Opel modelreeks. Aanhangers gaan definitief beïndruk wees met afwerking, standaardtoerusting en voorkoms.
Die prys mag dalk pla, maar hopelik kan Stellantis die plaaslike weergawes minder luuks toerus (anders as die Europeërs het ons nie juis nut vir sitplekverwarmers nie) en die prys meer kompeterend maak.
Pryse wissel van om en by N$275 000 tot ongeveer N$390 000. | https://www.we.com.na/news/nuwe-opel-corsa-loop-nou-met-franse-styl2021-03-18/ | 2021-03-18 00:00:00 |
Voer jou vee vir sukses - met Rumax se rugsteun | This post is also available in: English
Voer maak die verskil tussen sukses en mislukking in veeboerdery. Dit weet almal. Goeie voer verbeter produksie en verlaag die veeartsrekening.
Die gehalte van die voermengsel moet ook konstant gehandhaaf word om die beste moontlike produksiesyfers te verseker. Om die voer se gehalte deurgaans dieselfde te hou, en die voerrekening laer te hou, besluit al hoe meer boere om self voer te meng. Rumax, die boer se verskaffers van topwerktuie, verstaan die belangrikheid van voer en dat die proses van voerverwerking veel vroeër as by die voermenger begin. Die gehalte van die grondstowwe wat vooraf verwerk word is net so belangrik soos die uiteindelike voermengsel.
Daarom verskaf Rumax ՚n reeks voerverwerkingstoerusting om die boer in die hele voerproses te dien – vanaf misstrooiers tot hamermeulens, voermengers en pilmasjiene. Met hierdie toerusting verbeter die boer sy weiding en meng ook voer van ՚n deurlopende hoë gehalte wat sy diere beter laat presteer.
Jaco Pieters het Rumax in 1999 begin en vandag, 22 jaar later, is Rumax verstandige boere se voorkeurkeuse vir voermengers en ander werktuie. “Ons wou ՚n hamermeul bou wat nie stof maak nie, en in daardie stadium was daar nie so iets op die mark beskikbaar nie,” vertel Jaco.
“Ons het ՚n hamermeul ontwerp waar die motor die meul regstreeks aandryf. Die uiteinde was ՚n hamermeul met hoër doeltreffendheid, maar minder slytasie.”
Vandag gebruik boere op plase regoor Suid-Afrika Rumax-toerusting om net die beste voer aan hulle diere op te dis.
Rumax-hamermeulens wissel van ‘n 2,2 kW om graan te maal, tot die reuse 55 kW modelle wat heel rondebale fynmaal voordat dit in die volvoermengers ingevoer word.
Die Rumax-reeks sluit die volgende in:
Misstrooiers
Misstrooiers word gebruik om mis, kompos of houtskyfies uit te strooi en word meestal vir weiding en boordboerdery aangewend.
Hamermeulens
Rumax se hamermeulens is beskikbaar in groottes tussen 2,2 en 55 kW wat vir die maal van graan en ruvoer gebruik word. Daar word nie van wind gebruik gemaak nie, wat energie bespaar. In plaas daarvan dat die gemaalde produk uitgeblaas word, word dit deur ՚n skroef uitgevoer.
Voermengers
Rumax verskaf sowel volvoer- as lekmengers wat elkeen in drie verskillende groottes vervaardig word. Die volvoermengers kom in 7 m3, 9 m3, en 15 m3 terwyl die lekmengers in 0,5 ton, 1,5 ton en 2 ton groottes beskikbaar is.
Alle Rumax-toerusting word vir 12 maande gewaarborg. Die toerusting is so ontwerp dat dit so min as moontlik versiening verg. Die lemme, laers en ander onderdele kan by Rumax self bestel word en sal binne ՚n dag of twee op die plaas afgelaai word. Meeste van die onderdele is ook by die naaste koöperasie beskikbaar.
“Die belangrikste deel van die besigheid is ons diens aan die boere,” sê Jaco.
“Enige boer kan my direk kontak indien daar enigiets is waarmee hy hulp nodig het. Al die werktuie wat ons vervaardig kan aangepas word om by die boer se spesifieke behoeftes te pas.
Gee jou kudde die Rumax-voorsprong met goeie gehalte veevoer. Kontak Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, of stuur ՚n e-pos aan jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za om Rumax se hele reeks wenwerktuie te sien. | https://www.proagri.co.za/voer-jou-vee-vir-sukses-met-rumax-se-rugsteun/ | 2021-04-21 14:02:54 |
ProAgri SA 254 | This post is also available in: English
Om te meet is om te weet. Nog nooit tevore was hierdie stelling so toepaslik soos in die hedendaagse landboubedryf nie. Nuwe tegnologie word aanhoudend ontwikkel en deeglike kennis daarvan is uiters belangrik vir enige boer wat mededingend wil bly.
Suid-Afrikaanse boere ding nie net met mekaar mee vir ՚n aandeel in die
landboumark nie, maar meestal ook met die Amerikaners, die Australiërs en ander lande wat ՚n sterk landboubedryf het. Daarom moet elke Suid-Afrikaanse boer sorg dat hy net so wetenskaplik boer soos die res van die wêreld.
Woorde soos satelietbeelde, hommeltuie, ISOBUS en aanpasbare voorskrifkaarte was nooit deel van enige boer se woordeskat nie. Die rekenaar was ook net daar vir die boer se sekretaresse om die nodige tikwerk te doen, en die enigste skerm in die trekker was
die “windskerm”.
Dit het alles verander. Vandag is die boer se rekenaar sy belangrikste
bestuursmiddel, en die trekkers en werktuie wat die voorbereiding en
plantwerk doen is behoorlik toegerus met GPS-stelsels en raakskerms. Die spuit en die stroper ook en dan is die toerusting ook so slim dat die verskillende werktuie met mekaar en met die boer kommunikeer.
Die hoofdoel van al hierdie toerusting is om inligting bymekaar te maak, te
verwerk en dan in ՚n verstaanbare formaat soos kaarte en tabelle aan die boer te gee. Dit stel die boer in staat om die beste besluite vir sy boerdery te neem.
Wanneer dit kom by hierdie tipe inligtingstelsels of moderne boerderymetodes, is daar omtrent net soveel menings en verskillende opsies as wat daar boere is. Daarom bied ProAgri ՚n verskeidenheid inligting oor die verskillende rolspelers in die mark om die boer met kennis te bemagtig om die beste belsuite te neem.
Lees ook gerus die artikel oor wenke vir die regte presisietoerusting vir jou
plaas op bladsy 9. Daar is ook heelwat inligting oor die nuutste beskikbare
presisietegnologie van Valley en Bayer in hierdie uitgawe.
Besoek gerus die webblad by www.proagri.co.za om gratis toegang tot alle ProAgri-artikels te kry, of besoek www.agri4all.com om al jou plaas se inkopies aanlyn te doen.
ProAgri-groete!
Jaco Cilliers- jaco@proagri.co.za | https://www.proagri.co.za/proagri-sa-254/ | 2021-04-13 14:24:51 |
Gras is goed, maar voeding verg meer: Vul fosfaat en proteïene aan met Bolifor® MAP | This post is also available in: English
Genoeg reën in die meeste dele van ons land het ons diere vanjaar met groot happe aan die goeie gras laat smul. Maar nou staan die somer einde se kant toe.
Graspolle is volgroeid en besig om saad te skiet. Die gehalte en voedingswaarde van die gras neem met die begin van herfs en winter vining af. Vir behoud van kondisie en voortgesette produksie is dit dus noodsaaklik dat die nodige voedingstowwe in die vorm van lekke aangevul word.
Lae gehalte gras is in die winter die hoofsaaklike bron van beskikbare energie vir weidende diere. Gras se gehalte word as laag beskou sodra die proteïeninhoud daarvan onder 6% daal (normaalweg is die proteïeninhoud van wintergras ongeveer 3%).
Bolifor Monoammoniumfosfaat (Bolifor® MAP) gee jou diere ՚n voorsprong.
Wanneer graspolle volgroeid is, neem die veselinhoud daarvan toe, terwyl die proteïeninhoud afneem. Die gras is dan ook minder smaaklik en moeiliker verteerbaar vir diere. Dit lei daartoe dat hulle minder van die gras van lae gehalte eet, wat tot ʼn afname in groeitempo, produksie en vrugbaarheid lei. Fosfaat dien hoofsaaklik as ՚n aanvulling in die nat seisoen, terwyl proteïene ՚n winterseisoenaanvulling is.
Fosfaat is ՚n belangrike mineraal vir alle diere en is betrokke by verskeie metaboliese, neurologiese en sellulêre funksies. Daarom moet dit nie net in die somer aangevul word nie, maar ook in die winter. Die fosfaattekort in somerweiding bly gedurende die winter ook ՚n probleem.
Alhoewel diere in die winter minder fosfaat benodig, het onlangse veldproewe bewys dat ‘n groep diere wat gedurende die winter ‘n gebalanseerde lek met proteiene, energie sowel as fosfaat ontvang het, in die volgende nat seisoen meer melk gegee het as die kontrolegroep wat gedurende die winter slegs ՚n proteïen- en energielek ontvang het.
Bolifor® MAP se vryvloeiende fyn, wit korrels meng maklik met enige ander produkte.
‘n Moontlike rede hiervoor is dat diere fosfaat in hulle beendere berg en dit dan vandaar onttrek wanneer voergehalte verbeter en die diere se behoeftes verhoog, of die onttrekking van fosfaat uit die bene gedurende die winter was minder omdat daar voldoende fosfaat in die lek was. Die aanvulling van fosfaat gedurende die winter help dus dat diere die tydperk van laatwinter na lente suksesvol oorbrug wanneer voldoende inname van fosfaatlekke gewoonlik ՚n probleem is.
Proteïen- en fosfaataanvullings is ongelukkig van die duurder komponente in ՚n lek. Om te verseker dat u lekke en voere ook hierdie winter voldoende proteïene en fosfaat bevat, bied Yara Animal Nutrition dus Bolifor Mono-ammoniumfosfaat (Bolifor® MAP) aan die boer.
Bolifor® MAP bevat ՚n unieke kombinasie van fosfaat en stikstof wat geproduseer word deur fosforsuur met ‘n ammoniakbron te laat reageer. Hierdie reaksie word streng beheer om ՚n produk van konstante hoë gehalte te waarborg.
Bolifor® MAP is vryvloeiend en bestaan uit fyn, wit korrels wat maklik met ander produkte meng. Die produk is reukloos en smaakloos sodat dit nie die smaaklikheid van ՚n mengsel nadelig beïnvloed nie. Bolifor® MAP bevat 26% hoogs beskikbare fosfaatdele en is die produk met die hoogste fosfaatinhoud. Behalwe fosfaat, bevat Bolifor® MAP ook 10% stikstof wat gelykstaande is aan 62,5% proteïene.
Fnuik voedingstoftekorte die winter met Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP-produkte.
Die stikstofinhoud dra by tot die proteïeninhoud van die lek en verhoog die mikrobeproteïenproduksie in die rumen, wat ook die weidingsinname stimuleer en sodoende meer energie aan die dier beskikbaar stel. Bolifor® MAP kan dus gebruik word om nie net die fosfaatkomponente in ՚n winterlek te vervang nie, maar ook ՚n gedeelte van die duurder proteïenbronne.
As gevolg van die hoë fosfaatinhoud en die proteïensamestelling van die produk, bespaar die gebruik van Bolifor® MAP nie net ruimte in enige samestelling nie, maar verminder ook die vervoerkoste per eenheid fosfaat.
Dit is belangrik om te verseker dat geen voedingstoftekorte diere se produksie gedurende die winter nadelig beïnvloed nie. Gebruik Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP om in sowel die fosfaat- as die proteïenbehoefte van jou kudde te voorsien.
Vir meer inligting oor Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP-produkte, kontak vir Alina Taute by (+27)82-322-0333 of stuur ՚n e-pos na alina.taute@yara.com. Besoek ook die webtuiste by http://www.yara.co.za/animal-nutrition. | https://www.proagri.co.za/gras-is-goed-maar-voeding-verg-meer-vul-fosfaat-en-proteiene-aan-met-bolifor-map/ | 2021-04-21 13:48:50 |
Agrico se HSD 630: Eg jou lande reg | This post is also available in: English
Grondbewerking op Doornwacht gaan nooit weer dieselfde wees vandat Agrico se HSD 630 sy skottels daar neergesit het nie.
“Ek het selfs nuwe grond, waar die tamboekiegras kophoogte gestaan het, makgemaak met die eg,” vertel Ertjies Kleinhans, wat saam met sy pa, Dries, tussen Stoffberg en Belfast boer. “Ek is twee keer met die werktuig deur die land, toe kon ek plant in ՚n fantastiese, egalige saadbed.”
Ertjies het die 3,2-meter wye Agrico hoëspoedskotteleg (HSD) gekoop om by sy bestaande trekkerkrag te pas. Die HSD benodig 25 kW trekkrag per meter. Hy het ՚n 74 kW- en 110 kWtrekker voor die eg gebruik en met albei kon hy die werk doen, hoewel die kleiner trekker bietjie gesukkel het om die werktuig met die driepunt te lig. Hy sê hy moes eintlik kies tussen ՚n nuwe trekker of ՚n nuwe werktuig koop. Hy het besluit om die trekkers nog ՚n rukkie aan die loop te hou en eerder sy lewe makliker te maak met ՚n werktuig wat al die werk kan doen en sy produktiwiteit kan opstoot.
Ertjies boer nou vyf jaar saam met sy pa nadat hy eers “op ՚n ander ou se rekening” sy skoolgeld gaan betaal het by ՚n groot landboumaatskappy. Hy weet dus goed wat alles in die mark beskikbaar is en kon die regte keuse maak oor wat op hulle plaas vir Doornwacht-boerdery se 300 hektaar mielie- en sojaboonlande sal werk.
Hy was op soek na ՚n werktuig wat slim ontwerp is, sterk gebou is en sonder sukkel werk. “Jy kan sommer sien die HSD is deur Suid-Afrikaners ontwikkel en gebou. Agrico gebruik gevorderde materiale en goeie vakmanskap. Die werktuig is robuust en eenvoudig om in te stel en te gebruik.”
Die skotteleg word hoofsaaklik gebruik om op ou lande, sodra die vee klaar daardeur is, die materiaal te sny en in te werk sodat die organiese materiaal kan afbreek. Net voor planttyd word die HSD dan weer gebruik om die saadbed voor te berei. Die diepteverstelling word met penne agter op die roller gedoen en Ertjies sê as jy die eg ingestel het en hy bly agter die trekker, kan jy die volgende dag net voortgaan met die werk.
Ertjies Kleinhans van Stoffberg sê die Agrico HSD 630 pas presies in hulle boerdery-opset in en bewerk die grond sonder sukkel.
Nog voordele is dat elke skottel en die laers beskerm word deur rubberhersetmeganismes. Die onderhoudsvrye, dubbelry koeëllaers het kassetseëls om hulle teen stof te beskerm. Hoe vinniger die eg loop, hoe beter werk hy, want dit is waarvoor hy ontwerp is, maar Ertjies sê hy het
Agrico se HSD vergelyk met ander plaaslike en ingevoerde masjiene en,anders as die ander, “as jy in ՚n bepaalde opset nie 16 km per uur kan werk nie, maar net 10 km per uur, dan doen hy steeds die werk wat hy moet doen”. Dit is te danke aan die geoptimeerde skottelkonfigurasie wat Agrico perfek reggekry het.
Op dele van die plaas is daar tot 43% kleigrond en hulle het nie probleme gehad met aanpak of met bladvorming nie. “Die plante se wortels lyk goed,” sê hy.
Ertjies waardeer dit ook dat hy met Agrico se mense self kan werk. Bertie van die Westhuizen van Nigel is sy Agrico-man en hy raak saam met hom opgewonde oor sy lekkerwerkmasjien.
Vyf modelle is beskikbaar:
Sy plan vorentoe is nie net om nog ՚n HSD te koop nie, maar ook om met ՚n lugdruksaai-eenheid op die eg sy winterweiding te vestig.
“Ek is baie tevrede met die hoëspoedeg en ek het nou al ՚n hele paar boere in die omgewing genooi om te kom kyk hoe goed dit werk,” sê Ertjies.
Eg jou lande reg met Agrico se ondersteuning. Kontak Alfred Andrag by 082-824-1214, 021-950-4111 of Alfred.andrag@agrico.co.za. | https://www.proagri.co.za/agrico-se-hsd-630-eg-jou-lande-reg/ | 2021-04-19 17:51:01 |
Slim spilpuntstelsels: Valley Pump Command™ bespaar tyd en hulpbronne | This post is also available in: English
Tegnologiese vooruitgang stel die boer in staat om sy boerdery op alle vlakke te bestuur en te moniteer. Ons sien elke dag hoe boere tegnologie aangryp om bestuur te optimaliseer sodat hulle die beste waarde uit boerdery kan verkry.
Met die vooruitgang in tegnologie kan boere omvattende data-ontledings doen, doeltreffende besproeiing toepas om beskikbare water beter te benut, alternatiewe boerderymetodes identifiseer en selfs probleme van ver af sien aankom en voorkom of bestuur.
“Twee jaar gelede het ek besef dat ek tegnologie moet inspan om die beste waarde uit my besproeiingsboerdery te put. Ek het die Valley Pump Commandstelsel aangeskaf vir die monitering en beheer van my besproeiingspompe, en ek is nog nie een dag spyt nie,’’ vertel Esak Botha, boer van die plaas Potberg in die Standerton-omgewing.
Esak boer al sestien jaar in die omgewing met gesaaides en vee. Die vier Valley-spilpunte op sy plaas is met Icon- en Croplink-bestuurstelsels toegerus. Twee van die spilpunte gebruik ICON5-bestuurstelsels en die ander twee ICON10. Volgens Esak kan elkeen van die verskillende stelsels so opgestel word dat dit die behoeftes van die boer se boerdery presies pas.
Valley se Pump Command-stelsel stel die boer in staat om elke afdeling van
sy besproeiingsboerdery met die druk van ʼn knoppie te beheer.
(Foto: © 2021 Valmont Industries, Inc.)
“’n Groot uitdaging in ons omgewing sluit in die verskil in terrein asook die verskil in hoogte. Vandat ek my Pump Command™-stelsel opgestel het, bespaar ek soveel meer energie en water deur slegs die druk wat benodig word, te gebruik. Ek bespaar baie meer tyd deur afstandmonitering en –beheer vanaf my elektroniese toestelle, wat reise na die pompe verminder en ook minder arbeidsintensief is,” sê Esak.
Die insiggewende en geoutomatiseerde beheer van die Pump Command™-stelsel is ook ՚n groot pluspunt. Dit hanteer kragonderbrekings moeiteloos. Wanneer die pomp se krag af is, laat weet die stelsel jou en skakel die pomp dan outomaties aan wanneer die krag weer aangaan.
Valley se Pump Command™-stelsel stel boere in staat om elke afdeling van hulle besproeiingsboerderye met die druk van ʼn knoppie te bereik. Skakel net jou spilpunt en besproeiingspomp aan, en jou pompstelsel sorg vir homself!
“Ek is baie beïndruk met die bystand en ondersteuning wat Valley oor die algemeen bied. Die stelsels is verbruikersvriendelik en dit stel my in staat om vinnig en maklik inligting te kry. Die instandinghouding en die naverkopediens van Valley se produkte is uitstekend. Of dit sagteware is wat vervang of opgedateer moet word of ՚n spilpuntmotor wat olie lek en vervang moet word, die span van Valley loop die ekstra myl vir sy kliёnte,” sê Esak.
Valley se besproeiingsprodukte word al
dekades lank vir die Suid-Afrikaanse
mark ontwikkel. Daarom verskaf
Valley besproeiingstelsels wat op elke
Suid-Afrikaanse boer se plaas pas.
Vernuwing, produktiwiteit en belegging in die beste tegnologie is van kritieke belang om die landbousektor vir ՚n welvarende toekoms te posisioneer. “Baie tegnologiese hulpmiddels is beskikbaar om jou boerdery meer winsgewend te maak en dit alles is op die boer se voorstoep beskikbaar,” sê Tony van der Linde, Valley-agent in die Oostelike Hoёveld, Suidelike Vrystaat en Suidelike Gauteng.
Nie elke plaas is dieselfde nie en hulle behoeftes verskil. Volgens Tony stel nuwe tegnologie boere onder meer in staat om inligting te kry wat faktore aandui soos presiese voginhoud, grondgehalte en kunsmisbehoeftes. Valley is beslis die markleier in tegnologiese vooruitgang, produkontwikkeling en presisiebesproeiing.
Deur hierdie tegnologie en produkte te benut, weet ՚n boer presies wat die stand van sy gesaaides is en in plaas daarvan om al die landerye te bemes of te besproei, kan dit net gedoen word op dele van die plaas waar dit nodig is en volgens die presiese behoefte van die plante.
“Dié inligting is uiters belangrik omdat dit die boer help om uitgawes te beperk; nie net direkte uitgawes nie, maar ook ander, indirekte uitgawes. Die integrasie met Valley se besproeiingsbestuuroplossings en produkte vir omvattende rekordhouding bied ՚n groot voordeel om vooruit te kan beplan,” vertel Tony.
Valley bied verskeie toegepaste oplossings om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen. Die besproeiingskundiges by Valley werk saam met jou om jou stelsel se vereistes te verstaan en die korrekte oplossing te ontwerp op grond van jou presiese situasie.
Vir meer inligting oor Valley se besproeiingsprodukte, kontak Francois Griesel by (+27)67-412-9089 of (+27)10-350-0055, uitbreiding 118, of stuur ՚n e-pos na francois.griesel@valmont.com. Besoek ook Valley se webwerf by www.valleyirrigation.com/za | https://www.proagri.co.za/slim-spilpuntstelsels-valley-pump-command-bespaar-tyd-en-hulpbronne/ | 2021-04-15 22:06:27 |
Benut jou trekkerkrag: Werk 9,5 m wyd met LEMKEN se nuwe Rubin 12 | This post is also available in: English
Boere koop groter, sterker en slimmer trekkers om vinniger, wyer en beter te werk, maar om dit reg te kry het hulle werktuie nodig wat die werk vinniger, wyer en beter kan doen.
Trekkers en werktuie moet bymekaar pas soos koffie en beskuit. Dit help niks jy loop met 400 kW trekkrag onder die kap en die jongste tegnologie op die mark … en enigste werktuig wat fris genoeg is om dit te benut is ՚n vorige geslag werktuig nie.
“Die ander skottelêe wat jy saam met groot trekkers soos hierdie 9560R kan laat werk, is tandemmasjiene,” vertel Karel Munnik van LEMKEN SA, op ՚n demonstrasiedag by Middelburg op die Hoëveld.
Skottelêe wat hoofsaaklik gebou word vir die groot kW trekkers is tandemeenhede. Hierdie eenhede se dieptebeheer en vervoerwiele is tussen die skottels geplaas. Dit is baie nadelig aangesien die slytasie op die bewegende dele baie hoog is as gevolg van die stof en grond wat in daardie area beweeg.
Die LEMKEN-kompakte skotteleg wat vir die boere kom flikkers gooi het, is die indrukwekkende, nuwe Rubin 12 wat ՚n allemintige werkswydte van 9,5-meter. LEMKEN se Rubin 12 is geen onbekende gesig op die Hoëveld nie. Die 3 tot 7 meter werktuie is al van 2014 af in die land, maar nou kan boere ook ՚n 8 meter of 9,5-meter wye masjien inspan, wat met die regte trekker groot gronde kan kafdraf.
LEMKEN se nuwe 9,5-meter Rubin 12 is op ՚n plaas naby Middelburg gedemonstreer. Die werktuig vou op tot ՚n breedte van 6 meter. Die wiele word net vir padvervoer en draaie op die wenakker gebruik en trap dus nie die land vas nie. Werkdiepte word met die rollers beheer.
Die werksdiepte van die Rubin 12 kan wissel vanaf 7 cm tot 20 cm (gemeet agter die rollers) teen n werkspoed van 7 km/u tot 13 km/u. Die skottels self is 736 mm groot vir diep snywerk. Die wiele aan die Rubin 12 raak glad nie in die lande aan die grond nie; hulle word net gebruik om te draai en vir padvervoer. Die rollers bepaal die diepte van die eenheid agter, en op die trekstang is daar ook ‘n hidrouliese verstelling om die voorkant se hoogte te verstel.
Karel sê: “Die ander probleem van die ouer geslag skottelêe is dat daar nie behoorlike vermenging van die reste in die bolaag plaasvind soos met die Rubin 12 nie. Die voorste stel skottels sny die grond en materiaal, waarna dit opgegooi word teen ‘n stel harkies. In die proses word die grond en materiaal vermeng voor dit deur die volgende stel skottels weer gesny en vermeng word. Die rollers verseker laastens ‘n ferm saadbed.”
In so saadbed kan die planter ՚n ware V insny sodat elke pit presies geplaas kan word vir gelyke opkoms en beter opbrengs. Die plasing van die gesnyde reste in die bogrond beteken meer humus wat vinniger afbreek en die grond voed, asook die struktuur van die grond verbeter.
Die skottels se aanhegting is 16 grade op die voorste stel en 14 grade op die agterste stel in die rigting van beweging. Die invalshoek van beide stelle skottels is 20 grade. Dit is nodig om baie materiaal doeltreffend te sny en in die grond te vermeng. Nog ՚n groot verskil wat LEMKEN se tegnologie bied, is dat die skottels hulle dwars invalshoek van 20 grade
bly handhaaf, al slyt die skottels. By die ouer geslag êe (kontra en tandem) word die 20 grade invalshoek verkry deur die skottels meer kegelvormig te maak, soos ՚n papbak. Wanneer so ՚n skottel slyt, word die invalshoek saam met die skottel platter.
LEMKEN-skottels se laers is onderhoudsvry en behoorlik geseël. Daar is meer as 2 600 skottels wat op plase in Suid-Afrika loop, en slegs 40 laers word gemiddeld per jaar uit die plaaslike onderdelemagasyn verkoop.
“Kompakte skottelêe (compact disc harrows ) is hier om te bly,” sê Karel. “Daar is net geen vergelyking met betrekking tot die werkspoed en doeltreffendheid van die saadbedvoorbereiding nie.”
Die 8 en 9,5-meter Rubin 12’s het elk ՚n vaste balk in die middel met vouvlerke aan die kante. Die 8 m vou op tot 5,5 m en die 9 m tot 6 m. Aangesien die werktuie nie aan die padvervoervereistes van Europa voldoen nie (beperk tot 3 m wydte) word hulle net in Kanada, Amerika, Rusland en Suid- Afrika verkoop.
Soos al LEMKEN se ander toerusting wat in Suid-Afrika beskikbaar is, word die werktuie volledig tegnies ondersteun deur die ervare LEMKEN-span. Vir meer inligting oor die groot voordele wat LEMKEN se werktuie vir jou plaas inhou, kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com; of Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com, of besoek www.lemken.com. | https://www.proagri.co.za/benut-jou-trekkerkrag-werk-95-m-wyd-met-lemken-se-nuwe-rubin-12/ | 2021-04-20 14:57:29 |
Slaan risiko’s hok: Beskerm jou boord of wingerd met PlusNet se bobaas skadunet | This post is also available in: English
Soos ՚n trop gulsige jakkalse om ՚n skaapkraal omring ՚n hele spul risiko’s elke boer elke dag.
Die risiko’s neem gedaantes aan van klimaatstoestande, plae, peste, siektes, prysskommelings, natuurrampe soos droogtes en oorstromings, misdaad en vele meer. Teen party van die risiko’s het die boer geen verweer nie en hy moet maar probeer om sy verliese deur versekering te bekamp. Dit is natuurlik nie die aller oplossing nie, want die verdere skakels van die landboubedryf soos verwerking en verspreiding ly steeds as daar nie landbouprodukte is om te verwerk en te versprei nie.
Maar daar is ook verskaffers wat bankvas agter die boer staan en hulle vernuf aanwend om die boer teen sekere risiko’s te beskerm sodat hy steeds kan produseer. Een so ՚n verskaffer is PlusNet, wat vernuftige tegnologie aanwend om boere se gewasse en boorde teen mikro-organismes, voëls en insekte te beskerm sodat hulle ononderbroke oeste van hoogstaande gehalte kan lewer.
PlusNet vervaardig 20 tot 90% digte landbouskadunet. Of jy met sitrus, druiwe, appels, avokado’s of neute boer, PlusNet se skadunet is doelgeskik ontwikkel om jou gewasse te bedek en te beskerm.
PlusNet vervaardig 20 tot 90% digte skadunet met ‘n UV-weerstand.
“PlusNet is al 25 jaar in die bedryf en stap graag ՚n pad met elke boer,” sê Izak Meyer, verkoopskonsultant van die Sentrale en Noordoostelike streke van Suid-Afrika. Izak sê: “Ons skadunet is vir tien jaar gewaarborg, maar hou baie langer. Dit bied fisiese beskerming, en die verskillende digthede van die nette skep ՚n gunstige klimaat en optimale temperatuurbeheer wat jou vrugte en boord se prestasie aansienlik verhoog. Die verhoogde opbrengs en die gehalte van die produkte wat aan die mark gelewer word beteken meer geld in die boer se sak. Daarom kan die boer die kapitaaluitleg binne die eerste drie seisoene terugkry.”
PlusNet se skadunet is sonder twyfel ՚n waardevolle bate vir enige boer. Izak vertel hoe een van sy kliënte onlangs ՚n hewige haelstorm, gepaard met ՚n sterk wind, op die plaas gehad het. Die nette het die sitrusboord doeltreffend beskerm. Die betrokke PlusNet-skadunette was reeds 14 jaar oud, maar dit het die hael en wind dapper deurstaan. Tydens die storm het van die houtpale waarvan die struktuur gebou is gebreek, maar die skadunet het nie ՚n enkele skeur in gehad nie.
Voordele van die skadunet sluit ook in dat hierdie nette nie net plante en vrugte teen omgewingsgevare beskerm nie, maar dit beskerm die boord ook teen sonskade. Minder verdamping lei tot beter waterbenutting om die boord se prestasie aansienlik te verbeter. Die vermindering van hittespanning op gewasse het ook ՚n groot positiewe uitwerking op die fotosinteseproses. Minder wind, son, rypskade en haelskade verseker dat die vrugte beter kleur, gladder skille en ՚n hoër opbrengs per boom het.
Herman de Klerk, produksiebestuurder van Somerhoek Boerdery, en Izak Meyer, verkoopskonsultant van PlusNet, het die risiko van peste en plae wat Somerhoek se wingerde bedreig hokgeslaan met die netjiese skadunette wat onlangs op die plaas opgerig is. Herman is in sy skik met die verbetering wat die nette in sy wingerde maak.
“Ons stel ons kliёnte altyd eerste,” sê Izak. “Ons hou daarvan om persoonlike aandag te gee en uit te gaan na die plase om boere te help om die regte skadunet vir hulle spesifieke behoefte, gewas en streek te kies. Deel van PlusNet se beleid is om die pad saam met hulle klante te stap en die beste produkte te lewer, asook om van dag een af betrokke te wees by die hele proses — vanaf ontwerp, keuse van net en oprigting tot besoeke aan klante om seker te maak dat hulle nog tevrede is en om meer te leer oor boere se behoeftes.
Jy kan ook PlusNet se nette inspan om risiko’s in jou wingerde en boorde hok te slaan. Praat vandag nog met die verkoopskonsultant in jou gebied, skakel vir Izak Meyer by (+27)82-323 -8879 of stuur ՚n e-pos na nets@plusnet.co.za. Besoek ook die interessante webwerf by www.plusnetgeotex.co.za. | https://www.proagri.co.za/slaan-risikos-hok-beskerm-jou-boord-of-wingerd-met-plusnet-se-bobaas-skadunet/ | 2021-04-15 19:11:50 |
Trekkerverkope styg met 30% in Maart 2021 | This post is also available in: English
Trekkerverkope van 601 eenhede in Maart is byna 30% meer as die 463 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 29% meer as verlede jaar.
In Maart is 27 stropers verkoop, een meer as die 26 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 6% minder as verkope verlede jaar.
Sentiment in die mark bly, soos oor die afgelope paar maande, positief. Goeie oeste word op die oomblik ingebring, hoewel daar probleme is met gehalte in sekere gebiede.
Kommoditeitspryse bly oor die algemeen goed en met goeie opbrengste vir die seisoen, behoort produksie-inkomste dus goed te wees.
Vooruitsigte vir die verkope van landboumasjinerie bly positief vir die res van die jaar. Ramings vir die 2021-kalenderjaar is baie bemoedigend, met trekkerverkope wat waarskynlik tot 15% beter kan wees as in 2020.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | https://www.proagri.co.za/trekkerverkope-styg-met-30-in-maart-2021/ | 2021-04-08 14:21:04 |
VL waarsku oor brandgevaar en risiko’s na eerste ryp in Vrystaat | This post is also available in: English
Boere hoop vir nog drie weke grasie tydperk teen die winterkoue, sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes. Ryp het die afgelope drie oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom.
Volgens Johan Fourie, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het nag temperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus laag gedaal en het ryp die afgelope drie nagte voorgekom. Fourie sê dat aanplantings op dié stadium gelukkig nie skade toon nie.
Aldus Kempen Nel, VL streekverteenwoordiger, hoop boere in die Jacobsdal-area op nog drie weke sonder ryp sodat aanplanting genoegsame tyd het om droog te word.
Intussen waarsku dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, dat boere bewus moet wees van brandgevaar na die ryp.
“Die afgelope seisoen se goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande. Die veld en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in,” waarsku Armour.
“Sanral het aangedui dat hul kontrakteurs eers vanaf 14 Mei die gras sal begin sny nadat dit behoorlik geryp het,” sê Armour. VL moedig daarom brandbeskermingverenigings (BBV’s) aan om hul strukture en toerusting in plek te kry.
Armour verduidelik ook dat die laat reën wat gedurende Desember en Januarie in groot dele van die Vrystaat voorgekom het en wat in sommige dele tot vloedskade gelei het, ’n groot invloed op aanplantings het.
“Talle boere se aanvanklike aanplantings het verspoel en moes oorgeplant word. Dit het ’n groot finansiële impak op boere. Indien dit dus te vroeg sou ryp en die laat aanplantings ook skade kry, sal dit vir talle boere ’n groot slag wees.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vl-waarsku-oor-brandgevaar-en-risikos-na-eerste-ryp-in-vrystaat/ | 2021-04-20 21:48:57 |
Vrywillige heffings op wintergrane | This post is also available in: English
Soos alombekend, is ‘n alternatiewe trust vir die vordering van vrywillige wintergraanheffings deur die bedryf in plek gestel nadat die Nasionale Landboubemarkingsraad nie die bedryf se aansoek vir die voortsetting van statutêre heffings wou aanbeveel nie. Die trust staan bekend as die Suid-Afrikaanse Wintergraanbedryfstrust (SAWCIT).
Daar is dus sedert 1 Oktober 2020 geen heffings meer aan die Wintergraantrust (WCT) betaalbaar nie. Die vrywillige heffings van SAWCIT moet ook nie verwar word met en is heeltemal afsonderlik van die vrywillige heffings wat aan Graan SA betaalbaar is.
Die vrywillige heffings wat aan SAWCIT betaalbaar is, word gebruik om belangrike bedryfsfunksies te finansier. Voldoende deelname in die betaling van die heffings is dus kritiek, anders gaan die funksies skipbreuk lei tot nadeel van alle rolspelsers in die bedryf. Die finansiering van hierdie funksies verseker voedselsekerheid, tegnologiese vooruitgang, groter markdeursigtigheid en –integriteit, asook die monitering van oeskwaliteit. Hierdie aspekte is van die hoekstene waarop ons vrye mark gevestig is en wat die bedryf se wêreldwye mededingendheid verhoog.
Die belangrikste funksies wat met die vrywillige heffings van SAWCIT gefinansier sal word, is die Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL), die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS), asook verskeie belangrike navorsings- en transformasieprojekte. Daar is nie ander bronne van befondsing vir hierdie kritieke funksies ten behoewe van die bedryf nie en dus is oorbetaling van die vrywillige heffings van kardinale belang.
Wat is die bedrae van die SAWCIT vrywillige heffings? (BTW uitgesluit)
Koring R14,50 per metrieke ton Gars R14,50 per metrieke ton Hawer R6,00 per metrieke ton
Waarop is die SAWCIT vrywillige heffings betaalbaar?
Die heffings is betaalbaar op alle koring, gars en hawer:
wat deur die produsent daarvan verkoop word; wat ingevoer of uitgevoer word; wat deur of namens die produsent verwerk of geprosesseer word; waarvoor ‘n silo-sertifikaat uitgereik word.
Hoe word die SAWCIT-heffings gevorder?
Produsente en andere wat graan lewer, moet magtiging gee dat die vrywillige heffings by die verkoop of lewering van die graan afgetrek en oorbetaal word.
Wie is verantwoordelik vir oorbetaling van die SAWCIT-heffings?
Die koper, verwerker, prosesseerder, invoerder, uitvoerder of persoon wat die silo-sertifikaat uitreik is verantwoordelik vir die oorbetaling van die heffings.
Aan wie word die vrywillige heffings betaal?
Die heffings word aan die Suid-Afrikaanse Wintergraanbedryfstrust (SAWCIT) betaal en die bankrekening is aan alle bedryfsrolspelers bekend gemaak, sowel as die BTW-registrasienommer van SAWCIT.
Wanneer word die SAWCIT-heffings betaal?
Die heffings moet verkieslik voor die einde van die maand, wat volg op die maand waarin die heffings gevorder is, aan SAWCIT oorbetaal word.
Wie besluit oor die gebruik van die vrywillige heffingfondse?
Daar is ses trustees deur die bedryfsrolspelers aangestel om op SAWCIT te dien en hulle sal die gebruik van die heffings namens die bedryf bestuur en beheer.
Vir meer besonderhede kontak asb sawcit@llagric.co.za. | https://www.proagri.co.za/vrywillige-heffings-op-wintergrane/ | 2021-04-16 15:49:59 |
Standard Bank/SA Stamboek ELITE 2021 toekennings | This post is also available in: English
Die Standard Bank / SA Stamboek ELITE 2021 toekennings moes, soos in die geval van 2020, op ’n uniek-anderse manier plaasvind. Die kansellasie van Bloemskou 2021 en die beperkings wat steeds geld, het weer daarvoor gesorg dat SA Stamboek en ons borge die tegnologie moes inspan om op ‘n nuwe manier hierdie jaar se prysuitdeling te moet doen.
Een van die jaarlikse hoogtepunte van Bloemskou, naamlik die Vleissentraal SA Stamboek ELITE Bulgroeitoetsklas kon dus weer nie plaasvind nie. Die 2021 klas het die meeste deelnemers ooit,
naamlik ’n allemintige 24 bulle gelok vanaf die ontstaan van die klas in 2012. Hierdie baie spesiale gebeurtenis is die vertoonvenster vir elke ras waar bulle op grond van hulle bewese prestasie, genetiese meriete vir ekonomies belangrike kenmerke en funksionele voorkoms kwalifiseer om teen mekaar in die ring mee te ding. Dit is veral gewild omdat dit al die elemente bymekaar voeg wat verwag word van ’n top teelbul. Aangesien daar nie geleentheid was om ’n algemene wenner aan te wys in die skouring nie, wil Vleissentraal en SA Stamboek steeds ons spesiale gelukwensing oordra vir al die Telers en eienaars van die bulle wat sou meeding, sou ons nie die beperkings gehad het nie.
Die rol wat die teelbul vertolk in die toekomstige winsgewendheid van vleisbeeskuddes kan nie genoeg benadruk word nie. Dit gaan natuurlik oor die doeltreffendheid van groei en die optimale benutting van veral voedings-hulpbronne, maar in die eerste plek oor die doeltreffendheid van sy dogters vir die eienskappe wat eie is aan vroulike diere, naamlik reproduksietempo, die vermoë om ’n winsgewende kalf te speen en om te sorg dat sy dit vir ’n lang tyd kan bly doen.
Die Plaas Media SA Stamboek ELITE Platinum bul-toekennings gee erkenning aan bulle met ’n bewese rekord van groeidoeltreffendheid met moeders wat weereens bewys gelewer het dat hulle die baie streng toets van Stamboek geslaag het om ten minste twee keer opeenvolgend Goue status te bereik. Dit is sewe of meer kalwers gespeen, met baie streng voorwaardes ten opsigte van ouderdom eerste kalwing, kalfintervalle, gewigsprestasie van elke gespeende kalf en BLUP teelwaardes vir reproduksie, voorspeense groei, melk (maternaal) en geboortegewig. Slegs die top 5 bulle kry toekennings.
Die teelkoei is die “fabriek” vir elke vleisbeesprodusent. Die wetenskap wys dat die teelkoei, afhangend van die tyd van die jaar, meer as 90% van die energie-voedingsbehoeftes verg van die produksiediere in ’n vleisbees-produksiesisteem. Doeltreffende koeie is dus gelyk aan volhoubare
winsgewendheid. Die Landbouweekblad SA Stamboek ELITE Platinum Vleisbeeskoei toekennings erken die rol wat teelkoeie speel in volhoubare wins in vleisbeeskuddes. Hierdie koeie se nageslag vorm die fondasie vir die rigting van elke ras. Die uiters streng vereistes vir nominasies sorg dat net die heel bestes van die beste koeie in aanmerking kom. Hierdie vereistes sluit bewese rekords vir vroeë en gereelde reproduksietempo, opeenvolgende speenprestasie van kalwers, retensie van nageslag en
uitmuntende BLUP teelwaardes in. Ten spyte hiervan verg dit nog heelwat kopkrap om slegs een koei per ras aan te wys as wenner vir die ras. Dertien toekennings word gemaak in 2021 (12 rasse in Suid-Afrika en een toekenning vir ’n koei in Namibië).
Net soos in die geval van vleisbeeste, is die produksiedoeltreffendheid van melkkoeie die basis van volhoubare wins vir melkbeeskuddes. Stamboek gee graag erkenning vir uitmuntende melkkoeie deur die toekenning van die SA Stamboek ELITE Platinum Melkkoeie van die jaar. Koeie van die
belangrikste melkrasse kom in aanmerking vir die toekenning. ’n Koei moet reeds ’n vyfde laktasie voltooi het om in aanmerking te kan kom vir die toekenning. Haar kilogram vastestof produksie per dag van lewe plaas haar in ’n rangorde binne haar ras. Dit beteken dus ook dat koeie bevoordeel word wat vroeg die eerste keer kalf, gereeld kalf, ’n goeie produksie handhaaf en melk produseer wat gesog is vir die melkkopers. Haar enetiese meriete speel ook ’n rol, met ander woorde hoe winsgewend haar nageslag sal wees binne die Suid-Afrikaanse produksie-omgewing.
SA Stamboek is trots daarop om erkenning te verleen aan die integrering van ontwikkelende boere in die Suid-Afrikaanse Stoetbedryf. Stamboek se lede, die Telersgenootskappe word aangemoedig om aktief betrokke te wees om nuwe toetreders en ontwikkelende telers by te staan. Stamboek het reeds vanaf 2012 hande gevat met Unistel laboratorium, wat belangrike genetiese dienste lewer, om ’n ontwikkelende Stoetteler by te staan om sy of haar kudde uit te brei deur top stoetdiere aan te koop. Die Unistel SA Stamboek Ontwikkelende Teler van die jaar word gekies uit nominasies vanaf die Stamboek Telersgenootskappe. Die wenner vir 2021 is Zamile Denga wat met Borane boer.
‘n Splinternuwe toekenning wat in 2021 gemaak word is die RDB Consulting / SA Stamboek Unieke Presteerder van die Jaar toekenning. Hierdie toekenning gee erkenning aan die teler of eienaar wat ‘n unieke prestasie gelewer het wat ‘n groot impak gemaak het vir sy of haar ras of selfs vir stoetteling oor die algemeen. Die uitdaging word aan die Stamboek Tegniese Adviseurs oorgelaat om die nominasies en motiverings voor te lê. Hierdie jaar se RDB Consulting / SA Stamboek Unieke Presteerder van die Jaar toekenning gaan aan Yusuf Ravat van die Yari Hugenoot Stoet.
Erkenning word ook graag verleen aan die Stoetteler of groep stoettelers wat bemoeienis maak met mentorskap vir nuwe toetreders en ontwikkelende stoettelers. Ook in hierdie geval moedig Stamboek ons lede aan om betrokke te raak en te sorg dat die stoetbedryf volhoubaar kan voortgaan deur gesonde mentorskap. Telersgenootskappe nomineer kandidate vir die Farmer’s Weekly SA Stamboek ELITE Mentor-teler en een toekenning word gemaak na ’n deeglike evaluasie. Die jaar 2021 is ‘n besondere jaar omdat die toekenning vir Mentor-teler aan twee Bonsmara telers gedoen word wat self ‘n klompie jare gelede as Mentor-telers opgang gemaak het en self nou die belangrike rol vervul. Die Farmer’s Weekly SA Stamboek Mentor-telers vir 2021 is Christopher Melamu en Moalosi Duncan Serapelwane. Beide is Bonsmara telers.
President toekenning
KUDDE VAN DIE JAAR TOEKENNINGS
Die hoogtepunt van die ELITE toekennings is om erkenning te gee aan die Top Stoetkuddes van die jaar. Hierdie Telers en hulle onderskeie kuddes is werklik die beste van die beste wat van Stamboek se dienste gebruik maak. Alhoewel elke spesie of produksiegroep uniek is, is die basis van die toekennings akkurate, betroubare en nougesette aantekening van alle data en die toepaslike gebruik daarvan in die betrokke kuddes. Die hoofborge van die ELITE toekennings verdien applous vir hulle betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse Stoetbedryf en die aanmoediging wat hulle gee om Stoetteling op die regte pad te hou en om sodoende te sorg dat elke veeboer en teler van geselskapsdiere deel is van die presisie wat nodig is om die beste produk te lewer.
Toekennings word in die volgende kategorieë gegee:
Die Standard Bank Telwiedrè Voere SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir ander spesies word toegeken aan Christopher en Jenny Havenga, CDH Boerboele
Die Standard Bank Telwiedrè Voere SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Melkbeeste word toegeken aan die melkkudde wat noukeurig aanteken, ’n bewese rekord het van uitmuntende reproduksie, uiergesondheid, ’n gesonde kuddesamestelling, volhoubare melkproduksie van uitstaande vastestof-samestelling en geneties op ’n uitstaande vlak is. Die top ses kuddes wat van Stamboek se dienste gebruik maak bereik Platinum-status en ontvang ’n sertifikaat as erkenning. Die top kudde word gekroon as die Standard Bank Telwiedrè Voere SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir melkbeeste. Die naaswenner is EDE Farming. Die wenner vir 2021 is die Kluitjieskraal Jerseykudde. Erkenning word ook verleen aan DeLaval se milde borgskap vir hierdie toekenning.
Die Standard Bank Telwiedrè Voere SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Perde gee erkenning vir die perdeteler en sy of haar kudde wat nougeset rekord hou, akkuraat aanteken en data reg gebruik in die teling van hulle kuddes. Die top vyf perdekuddes, oor alle rasse, word geïdentifiseer, word erken as Platinumkuddes, en ’n wenner word vanuit hulle geledere aangewys. Die Standard Bank Telwiedrè Voere SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Perde vir 2021 is die Pela Graca Fries stoet van Celeste Steyn.
Die Vleissentraal SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Kleinvee is ’n strawwe kompetisie. Die top 10 kleinveekuddes ontvang Platinumstatus en ’n wenner word vanuit hulle geledere aangewys. Behoorlike en volledige aantekening van reproduksie, registrasie en produksie-eienskappe vorm die basis van hierdie plasings. Bo en behalwe dit word kleinveekuddes ook geëvalueer op grond van hulle reproduksiestatus en die genetiese vlak van elke kudde vir winsgewendheid. Die 2021 Vleissentraal SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Kleinvee is die Majobe Merinostoet van Johan Hoffman. Die naaswenner is Komarsekraal Merino’s van Dirkie Uys.
Die Vleissentraal SA Stamboek Stoetkudde van die jaar vir Vleisbeeste kom al ’n baie lang pad. Soos in die geval van die Melkbeeste en Kleinvee word toekennings gemaak op verskillende vlakke, naamlik ELITE Brons, Silwer, Goud en Dubbelgoud. Vanuit hierdie toekennings word die keur van kuddes gekies en die top 10 kuddes ontvang elk ’n platinum toekenning. Vanuit hierdie kuddes word ’n nasionale wenner aangewys as die Vleissentraal SA Stamboek Stoetkudde van die jaar. Die baie streng kriteria fokus op nougesette en akkurate aantekening van reproduksie, produksie en produk-aantekening sowel as noukeurige stoettelingspraktyke. Die ewe belangrike aspekte is die reproduksievlak van die kudde en die genetiese vlakke van bulle en vroulike diere soos gemeet deur die koeiwaarde as aanduiding van wins per hektaar. Die wenner vir 2021 is die Germar Bonsmara kudde van Gert en Gerhard Nel. Die naaswenner is Gelibar Bonsmaras, JG Viljoen en Seuns.
Spesiale toekennings
SA Stamboek gee graag erkenning aan die Telersgenootskap en hulle personeel wat spesiale moeite doen om hulle jaarverslae in die regte formaat aan te bied en terselfdertyd aan al die wetlike vereistes
voldoen. Die gehalte van hierdie jaarverslae is uitstaande en hierdie toekenning is gesog. Die Telersgenootskappe wat spesiale vermelding verdien vir 2021 is die volgende: Boran, Nguni, Saalperd, Boerboel, Drakensberger en Boerperd Genootskappe. Die Drakensberger Telersgenootskap is die 2021 Jaarverslag wenner.
‘n Baie spesiale toekenning is die jaarlikse Stamboek Presidentstoekenning. Dit is die prerogatief van SA Stamboek se President om hierdie toekennings aan ‘n individu of instansie te maak wat die wel en weë van Stamboek op die hart dra en wat so impak gemaak het op Stamboek en ons edrywighede.
Dit is vir die President van Stamboek, die Uitvoerende Komitee, bestuur en Personeel ‘n besondere voorreg om die 2021 Presidentstoekenning aan Tannie Lettie Kruger te maak.
SA Stamboek gee graag erkenning vir die Stoettelers van Suid-Afrika, Suider-Afrika en ander dele van die wêreld wat van Stamboek se dienste en produkte gebruik maak. Elke teler kan trots wees op sy of haar prestasies en om deel te wees van een van die wêreld se heel beste aantekening- en genetiese evaluasiesisteme. Stamboek, soos ons telers, hoef vir geen oomblik terug te staan as daar saamgesels word oor top aantekening- en telingspraktyke nie. Die toekennings vir 2021 is ‘n goeie bewys hiervan
Bron: SA Stamboek | https://www.proagri.co.za/standard-bank-sa-stamboek-elite-2021-toekennings/ | 2021-04-28 08:18:54 |
VL Jongboer van die Jaar wenner ‘n ware ‘gentleman’ | This post is also available in: English
Harde werk, aandag aan detail en ’n sterk geloof is die pilare waarop Vrystaat Landbou se nuwe Jongboer van die Jaar sy boerdery onderneming bou.
Doug Osler (39) van die plaas Fourieshoek in die Fouriesburg-area, is 13 April 2021, as Vrystaat Landbou se 25ste Jongboer van die Jaar aangewys. Osler, wat die afgelope 16 jaar deel is van ’n familieboerdery waarin hy 25% aandele besit, glo dat uitdagings en terugslae as leerkurwe dien en dat dit ook bydra tot die ervaring wat hy as ’n ‘unieke beroepskeuse’ beskryf.
Osler vertel dat hy hoofsaaklik verantwoordelik is vir die appelproduksie en –pakhuis van Lone Tree Farms. Benewens sy betrokkenheid by georganiseerde landbou as lid van Fouriesburg landbouvereniging, is Osler ook voorsitter van Highveld vrugteproduseerders en dien hy ook as direkteur op die produsenteraad van Hortgro Pome.
Dié pa van twee glo daarin om ’n werksomgewing te skep waarin almal bereid is om te help, leer en groei. Wedersydse respek vir mekaar is volgens hom die kernfaktor. Dit is ook vir hom belangrik om sy werknemers met probleme by te staan, hetsy werksverwant of persoonlik.
Osler stap onder meer weg met ‘n kontantprys van Vrystaat Landbou en geskenkbewyse van Kynoch en Brand New SA. Hy dring ook outomaties deur na Toyota SA/ Agri SA Jongboer van die Jaar.
Volgens prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en Hoof van die Departement van Landbou by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), word finaliste beoordeel in onder meer toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking, instandhouding, personeelbestuur en gemeenskapsbetrokkenheid.
Fourie is van mening dat die huidige generasie jongboere oor leierskap en innovering beskik en sê dat hy hoopvol is oor die toekoms van landbou in die hande van sulke knap jongmense.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vl-jongboer-van-die-jaar-wenner-n-ware-gentleman/ | 2021-04-14 16:22:21 |
Genomiese teelwaardes vir die HUGENOOT SA Beestelersgenootskap | This post is also available in: English
Die insluiting van genomiese inligting van individuele diere vir die voorspelling van genetiese meriete is die nuutste manier om die akkuraatheid in die voorspelling van teelwaardes te verhoog.
SA Stamboek het die leiding in Suid-Afrika geneem om hierdie metodologie deur die sogenaamde enkel-stap GBLUP-metode toe te pas, wat telers in staat stel om vroeë seleksiebesluite te neem. Toepaslike genomiese verwysingspopulasies is geskep deur die versiendheid van die lede van Stamboek (Vleis- en Melkbees- en Kleinvee Telersgenootskappe) wat hul eie geld, tyd en beplanning belê het, en ook deelgeneem het aan die Beef en Dairy Genomics-programme, asook verskeie ander navorsingsprojekte.
Dit het Stamboek in staat gestel om die nodige tegnologieë en infrastruktuur te ontwikkel om die bedryf met genomies verrykte BLUP-teelwaardes (GEBVs) te voorsien. Die eerste ras in Suid-Afrika wat SA Stamboek se GBLUP-waardes (GEBVs) ontvang het, was die Bonsmara, as deel van die Internasionale genetiese meriete-voorspellings. Dit is gevolg
deur die Beefmaster- en Drakensbergerrasse. Al drie die melkbeesrasse, naamlik Holstein, Jersey en Ayrshire, ontvang ook GEBVs, wat gekoppel is aan omvattende plaaslik ontwikkelde seleksiewaardes. Die navorsingspan by Stamboek is ook tans besig om GBLUP vir Merinoskape in samewerking met die Genootskap te implementeer.
Vanweë die vinnige uitbreiding van genomiese dienste, het SA Stamboek, Unistel en die vervaardiger van die genomiese SNP skyfie hande gevat om ‘n unieke stel merkers op te stel vir gebruik op die Suid-Afrikaanse vleisbeespopulasie.
Die plaaslike genomiese toetse ophierdie eg Suid-Afrikaanse SNP-skyfies spreek dus die variasie in die plaaslike vleisbeespopulasie aan, en toets bykomende ook vir bekende genetiese merkers van enkelgeen eienskappe. Dit is ook geskik vir genomiese profiele, terwyl ouerskappe en rassuiwerheid terselfdertyd bevestig kan word.
GBLUP vir Hugenoot SA Beeste
Die daarstelling van ‘n toepaslike verwysingspopulasie voor die implementering van GBLUP is noodsaaklik. Kortom, so ‘n verwysingspopulasie moet bestaan uit diere wat die variasie in die
ras verteenwoordig en diere met groot invloed as ouers. Hoe groter so ‘n verwysingspopulasie is, hoe beter. Die populasiegrootte van ‘n ras, sowel as die genetiese diversiteit, is ook bepalende faktore vir die grootte van so ‘n verwysingspopulasie.
Die Hugenoot SA-vleisbeesras is gestig na ontwikkelingswerk in 1961. Deur toegewyde teling, seleksie en noukeurige aantekening is die Hugenoot SA Vleisbeesras onlangs volgens die Wet op Diereverbetering as ‘gevestigde ras’ deur die Registrateur erken.
Verskeie Hugenoot SA diere is onlangs gegenotipeer, vanweë SA Stamboek se vermoë vir die lewering van genomiese dienste, insluitend GBLUP, maar ook om diere se status te bepaal wat moontlik draers is van spesifieke merkers van sekere gene met ‘n invloed opwinsgewendheid.
Op grond van die grootte van die populasie en ander wetenskaplike faktore,
vorm hierdie genotipes nou die kern vir die implementering van die eerste GBLUP-dienste vir die Genootskap en sy lede. SA Stamboek brei ook sy dienste uit om maandelikse genetiese voorspellings en toepaslike opdatering van die genetiese Koeiwaarde vir Hugenoot SA-beeste
in te sluit.
Hierdie nuwe dienste sal telers en kommersiële kopers help om die teelprestasie deur genetiese seleksie te versnel. Die Hugenoot SA Telersgenootskap en SA Stamboek is trots daarop dat hierdie belangrik mylpaal bereik word.
Bron: SA Stamboek | https://www.proagri.co.za/genomiese-teelwaardes-vir-die-hugenoot-sa-beestelersgenootskap/ | 2021-04-15 17:07:41 |
VOLVO S90 D5 AWD INSCRIPTION: Die beter alternatief | This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Die Volvo’s van weleer het die reputasie gehad dat hulle ontwerpers eerder op funksionaliteit en ingeneursintegriteit, veral ten opsigte van veiligheid, gefokus het, as wat daar aan estetika aandag gegee is.
Die jongste generasies Volvo voertuie uit die pen van voormalige ontwerphoof Thomas Ingenlath, het daardie filosofie egter nek-om gedraai met die nuutste modelle wat op gelyke voet kan kompeteer met die mooiste ontwerpe in elke segment waarin hul meeding.
Die 2020 S90 vlagskip sedan, wat ontwerp inspirasie gaan put het by die klassieke skoonheid van die P1800 koepee, is ‘n sprekende voorbeeld daarvan. Met skoon gebeitelde lyne en sagte kurwes wat esteties die oog streel, is die 2020 S90 vir my een van die mooiste weelde sedans wat geld kan koop.
Die voorste sierrooster met 23 “tande” wat netjies geplaas is tussen die groot hoofligte met LED dagryliggies wat Thor se hammer uitbeeld, skep ‘n vooraansig van klassieke styl en verskuilde aggressie.
Die S90 is ‘n imponerende voertuig in terme van grootte met ‘n lengte van byna 5 meter wat netjies in ‘n elegante en stylvolle bakontwerp geklee is om gesofistikeerde weelde na buite te straal.
Ons toetsmotor was die luukse “Inscription”- model wat met subtiele chroom afwerking en pragtige 19” allooiwiele afgewerk is en behoorlik aandag getrek en komplimente ontlok het waar ons ookal gestop het.
Binne is die kajuit ‘n toonbeeld van weelde en klassieke eenvoud met skoon lyne en kliniese modern ontwerp. Sagte Nappa leer is gebruik om die sitplekke, deurpanele, voorpaneel asook stuurwiel en rathefboom te beklee. Die voorste sitplekke bied elektriese verstelling en ons toetsmodel het ook oor die opsionele verhitting en masseerfunksies vir die voorste sitplekke beskik. Dofgepoleerde metaalafwerking vir onder meer die luginlate en skakelaars het visueel beïndruk. Volvo se 9” tableagtige raakskerm vorm die fokuspunt op die voorpaneel en werk heerlik intuïtief en gebruikersvriendelik met wat Volvo noem “Sensus Connect” en beheer onder meer klank, kommunikasie, navigasie, motor- en ritinligting asook die klimaatbeheerstelsel.
Volvo is befaamd vir passasierveiligheid en die 2020 S90 bied uiteraard ‘n omvattende arsenaal van passiewe en aktiewe veiligheidstelses om die bestuurder en insittendes te beskerm. Die S90 bied ondermeer ses lugsakke, ‘n waarskuwingstelsel wanneer voetgangers en groterige diere dalk in gevaar van ‘n botsing kan wees, noodremming asook aanpasbare spoedbeheer vorm ook deel van standaardtoerusting. Verder help Volvo se uitstekende “Pilot Assist”-stelsel om die voertuig in die middel van die baan te hou vir 15 sekondes indien die bestuurder geen stuurverandering sou maak nie. Die stelsel werk uitstekend en is na my mening klasleidend.
Tydens ons toetsperiode het ons die 2020 S90 D5 AWD Insignia oor ‘n verskeidenheid van roetes in die Wes-Kaap, Weskus en Boland geneem en was beïndruk met die uitsekende veerstelsel en sublieme rit oor al die verskillende padoppervlaktes wat selfs grondpadry ingesluit het. Die kajuit was verstommend goed geisoleer en grafstil ongeag die padoppervlak of windsterkte buite ook danksy dubbel geglassuurde vensterglas.
Aandrywing is danksy ‘n 2.0 liter viersilinder dieselenjin, wat dalk op die oog af effe klein klink vir die groot luukse wa, maar dan het Volvo se witjasse twee fris turbo-aanjaers aan die enjin vasgeskroef. Hierde menere sorg vir piekkragte van 173kW en 480Nm danksy Volvo se innoverende “PowerPulse” tegnologie wat ook help om turbotraagheid tydens lae toere wanneer vinnige versnelling nodig is, teen te werk. Die stelsel maak gebruik van ‘n ekstra 2.0 liter “houer” gevul met lug wat dan teen hoë druk in die turbo’s ingespuit word. Die resultaat is uitstekende en seepgladde kraglewering vanaf lae toere vir indrukwekkende versnelling vir so ‘n groot weeldewa. Aandrywing is na al vier die wiele via bykans soomlose oorskakelings van die 8-spoed outokas wat perfek by die enjin pas vir uitstekende verrigting en brandstofekonomie.
Die gevolg is dat die sublieme rit en uiters stil kajuit met die uitstekende opsionele Bang & Olufsen klankstelsel gekomplimenter word, ten einde enige rit ‘n byna gewyde affêre te maak. Wat ‘n heerlike toermotor is die S90 nie!
Teen ooppad spoed van 120kpu loop die Volvo teen slegs 1800rpm wat vir ons ‘n indrukwekkende gemiddelde verbruik van 6,7l/100 km oor bykans 1500 kilometer gelewer het.
In kort is die S90 se swakpunt die feit dat dit ‘n groot sedanmotor is. Vandag se kopers is ingestel op luukse es-joe-wees met die luukse sedanmotor wat deur uitsterwing in die gesig gestaar word – veral in Afrika – ook vanweë ons swak paaie. Tog bly ‘n heerlike luukse toermotor my keuse bo die van ‘n hoër-op-die-wiel voertuig soos ‘n SUV. Ek verkies my sitplek nader aan die pad, die laer gravitasiepunt vir beter rygenot en dinamika waar ek ook veiliger en vinniger deur die draaie kan sool.
Teen ‘n prys van R1-miljoen rand (sonder die opsionele ekstras) kompeteer die S90 ongelukkig in Suid-Afrika teen meer “gerekende” luukse sedans soos Mercedes se E-Klas en die BMW 5-reeks. Terugkooppryse wat maar sukkel om by die kompetisie kers vas te hou, tel ook teen die groot Sweed.
Tog bly die Volvo, wat my betref, die beter alternatief. Gaan ry hom en ervaar dit eerstehands.
Kernsyfers:
Model: Volvo S90 D5 AWD Inscription
Enjin: 1 969 cc, 4-silinder twin-turbo diesel
Ratkas: 8-gang outomaties
Kragsyfers: 173 kW @ 4 000 rpm, 480 Nm @ 1 750-2 250 rpm
Verrigting: 0-100 in 7.0 sek
Topspoed: 240 km/h
Bagasieruim: 500 l
Verbruik: 4.8 l/100 km (amptelik)
CO² uitlate: 127 g/km
Prys; R999 100 | https://www.proagri.co.za/volvo-s90-d5-awd-inscription-die-beter-alternatief/ | 2021-04-20 00:00:00 |
VL vra meer polisie taakspanne in Vrystaat | This post is also available in: English
Die polisie taakspan wat na die moord op Brendin Horner in die Bethlehem Beheerkamer se bedieningsgebied saamgestel is, vergader gereeld.
Dié taakspan, wat op versoek van georganiseerde landbou asook die boerderygemeenskap in die area saamgestel is en wat uit verskeie afdelings van die SAPD bestaan, fokus hoofsaaklik op polisie betrokkenheid en –
korrupsie in die georganiseerdheid van veediefstal.
Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee, bevestig dat terugvoer van die taakspan aan boerderygemeenskappe op ’n “need to know”beginsel plaasvind. “Wat egter nog vir boerderygemeenskappe in die area kommerwekkend is, is die gebrek aan kapasiteit binne die veediefstal-eenheid wat die area bedien,” sê Le Roux.
’n Ernstige versoek deur VL is herhaaldelik met die kantoor van die Vrystaatse LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, mnr Sam Mashinini, die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in die Vrystaat asook met Forums op nasionale vlak (AgriSA en Veediefstal Voorkomings Forum) opgeneem ten einde veediefstal-eenhede in die Vrystaat en veral aangrensend tot
die RSA/Lesotho grens te bemagtig met genoegsame mannekrag, voertuie en toerusting aangesien hulle so ’n groot bedieningsgebied het. Die Bethlehem-area is juis een van hulle.
Le Roux noem dat daar nog geensins enige verandering gekom het om die veediefstaleenheid en boerderygemeenskappe in die verband tot hulp te wees nie.
“Die enigste afleiding wat ons dus kan maak is dat veediefstal nie werklik ’n prioriteit vir die polisie en die minister is nie en dat daar ook nie ’n daadwerklike wil is om dit aan te spreek nie.”
Intussen sê Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, dat die organisasie se memorandum met die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer wat op 13 Oktober 2020 onderteken is, verder aandag moet geniet. Die memorandum tussen VL en die LUR versoek dat polisie betrokkenheid en -korrupsie daadwerklik aandag moet geniet deur die polisie met
die saamstel van taakspanne in die provinsie om veral plaasaanvalle en georganiseerdheid van veediefstal te ondersoek. Die versoek het gemanifesteer in die samestelling van een taakspan in die Bethlehem-area die afgelope 6 maande.
Esterhuyse noem verder dat VL tydens ’n vergadering met die provinsiale bestuur van die SAPD in Oktober 2020 uitgewys het dat inligting alreeds van 14 dorpe se boerderygemeenskappe ontvang is wat dui op beweerde polisie korrupsie by misdade op landbougrond en veral veediefstal. Sover VL se kennis strek, is geen ander taakspanne in die Vrystaat saamgestel waar boerderygemeenskappe hul inligting aan ’n sameroeper van
die polisie en of die Valke kon deurgee nie. Die gebrek aan die inwerkingstelling van ’n werkswyse deur die polisie om sodanige strukture en kommunikasie in alle distrikte van die Vrystaat die afgelope 6 maande daar te stel, is problematies aangesien die nodige skakeling van inligting nie plaasvind nie.
VL rig dus ’n dringende versoek aan die Vrystaatse LUR van Polisie, Paaie en Vervoer om sodanige werkswyse te vestig wat aan boerderygemeenskappe beskikbaar gestel kan word. Sodanige optrede sal dui dat polisie korrupsie in alle areas van die Vrystaat ernstig opgeneem word, meen VL.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vl-vra-meer-polisie-taakspanne-in-vrystaat/ | 2021-04-13 12:41:12 |
Ouditeur-generaal verslag bevestig VS probleme in polisie, paaie en vervoer departement | This post is also available in: English
Die ouditeur-generaal het onlangs bevestig dat die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer R1,138 miljard verkwis het, waarvan R96 miljoen ongemagtigde uitgawes is.
Die swak toestand van paaie in die Vrystaat was ’n sentrale besprekingstema van Vrystaat Landbou (VL) se onlangse distriksvergaderings wat regoor die provinsie aangebied is. Vrystaat Landbou spreek hul skok uit oor die verspilling van openbare geld, veral in die Vrystaat.
“Basiese dienste word nie gelewer nie en dit is nie as gevolg van beperkte hulpbronne nie, maar die administratiewe leierskap se onvermoë om diegene wat openbare fondse steel, wanbestuur en vermors verantwoordelik te hou. Hulle is verantwoordelik vir die bedreiging
van voedselsekerheid en werkverliese in die provinsie”, het Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, gesê.
Daar is toenemende navrae van lede en ondersteuners van Vrystaat Landbou, veral tydens die onlangse distriksvergaderings, om ondersoek in te stel na hoe en waar hulle belasting wat duidelik onwettig toegewys word, kan weerhou en eerder hierdie fondse te gebruik om self die werk te doen, waar die staat duidelik besig is om te misluk, en werk aan die plaaslike
bevolking te bied.
Volgens die ouditeur-generaal dien die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer as voorbeeld van die volgehoue miskenning van voorskrifte vir aankope en was die grootste bydraer tot onreëlmatige uitgawes (R1-miljard).
Wilken bevestig dat VL, deur middel van die organisasie se padverteenwoordigers in die plaaslike boereverenigings, uiters bekommerd is en rapporteer gereeld aan die departement die stadige tempo en kwaliteit van die werk wat aan paaie gedoen word deur ‘n geselekteerde “verskafferspaneel” vir die herstel en instandhouding van paaie.
Die OG het verder verklaar dat die kultuur van geen gevolge geskep is deur die politieke en administratiewe leierskap se onvermoë om nagevolge te implementeer vir die deurdringende nie-nakoming van wetgewing. Die omgewing was dus kwesbaar vir wanaanwending, vermorsing en misbruik van staatsfondse.
VL doen ’n beroep op die ouditeur-generaal om vroeër eerder as later op te tree met die belofte dat die OG, ‘waar sy meen dat daar geen vordering is nie, die instrumente in die wet sal oproep om te verseker dat daar toepaslike en tydige aanspreeklikheid is’. VL sal hierdie situasie monitor en indien nodig aan die OG skryf oor hierdie aangeleenthede.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/ouditeur-generaal-verslag-bevestig-vs-probleme-in-polisie-paaie-en-vervoer-departement/ | 2021-04-07 08:02:45 |
Noodsaaklik om plaaswerkers spoedig in te ent, sê TLU SA | This post is also available in: English
TLU SA het op 21 Februarie 2021 ‘n skrywe aan die minister van Gesondheid gerig om te vra dat plaaswerkers as prioriteitsgroep oorweeg moet word vir inenting teen Covid-19. Plaaswerkers verrig ‘n noodsaaklike diens en is sedert die begin van die inperking as sodanig geklassifiseer.
Die potensiële blootstelling van werkers aan Covid-19 is aansienlik hoog en dit sal skadelik wees indien produksie-eenhede in isolasie geplaas moet word in die geval van ‘n uitbreking.
“Ons het tot op hede nog geen reaksie van minister Zweli Mkhize ontvang nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.
TLU SA het sedert die begin van die pandemie die standpunt gehuldig dat alles moontlik gedoen moet word om die virus te beveg, maar dat dit gedoen moet word met ‘n funksionerende ekonomie. Deur die ekonomie erg in te perk, word ‘n tweede bedreiging, naamlik armoede en hongersnood, geskep.
“Ons het ‘n balans nodig om seker te maak dat hierdie twee bedreigings albei die hoof gebied word,” sê Geldenhuys.
Die noodsaaklikheid om die voedselkettings en produksie in stand te hou, is een van die belangrikste dinge wat tans nodig is. Ons kan nie bekostig dat plase in kwarantyn geplaas moet word, sou daar ‘n Covid-19-uitbreking plaasvind nie.
Wat TLU SA bekommer, is dat president Cyril Ramaphosa bekend gemaak het dat Fase 2 in middel-Mei gaan begin en dat 5,5 miljoen mense ouer as 60 jaar, met onderliggende siektetoestande, tussen 17 Mei en 31 Julie ingeënt gaan word.
TLU herhaal sy dringende oproep aan die minister om die inentings van plaaswerkers te prioritiseer.
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/noodsaaklik-om-plaaswerkers-spoedig-in-te-ent-se-tlu-sa/ | 2021-04-07 06:07:17 |
Saai-Neasa-vennootskap bied groot impak vir familieboere | This post is also available in: English
Die familieboerorganisasie Saai en die werkgewersorganisasie National Employers Association of South Africa (Neasa) het op 22 April 2021 ’n vennootskapsooreenkoms onderteken om arbeidskwessies in landbou te oorbrug en om boere te help met arbeidsprobleme, asook beleidsbeïnvloeding.
Dié vennootskap behels verder dat gesprekke en onderhandelinge met vakbonde en die staat plaasvind en om strategiese rigting te gee aan klein en medium ondernemings en boerderye wat andersins geen stem by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), Business Unity South Africa (Busa) of die Departement van Indiensneming en Arbeid het nie.
Die vennootskap gee vir Neasa ’n beduidend groter voetspoor in die landboubedryf en bied aan Saai-lede direkte toegang tot arbeidsraad, hulp en verteenwoordiging op verskeie nasionale arbeidsforums.
Van alle vorme van geadministreerde koste en beleggingsonvriendelike beleidsuitgangpunte wat mededingendheid in die landbousektor kniehalter, is arbeidskwessies in sosiale, politieke en veiligheidsterme die sensitiefste en dikwels emosionele twispunte in die openbare diskoers.
Werkloosheid hang swaar aan ’n reeds kreupele ekonomie en is die grootste dryfveer van armoede en weghol-misdaadstatistieke. Tog maak die regsraamwerk en populistiese beleidsbesluite oor kritieke aspekte van indiensneming soos minimumlone, verblyfreg en die ruimte wat ’n werkgewer het om van ’n probleemwerker ontslae te raak, dit byna onmoontlik vir boere om ’n wesentlike bydrae tot werkskepping te lewer.
Klein- en mediumgrootte boere voel meer dikwels in die spervuur van politieke uitsprake en media-aantygings wat voorgee dat alle boere uitbuiters, slawedrywers en wetsongehoorsames is as wat hulle ooit as vennote betrek word om te help om werk te skep waar Suid-Afrika dit die nodigste het – in die diep landelike gebiede.
Tog presteer landbou as werkgewer op terreine waar geen ander sektor kan meedoen nie. Boere neem mense in diens wat geen ander plek in die arbeidsmark het nie; die mees ongekwalifiseerde, mees onervare en vaardigheidarmstes en mees ontoegeruste werksoekers in die plattelandse gebiede word op plase geakkommodeer.
Miljoene mense verwerf hulle basiese vaardighede vir ander loopbane op ’n plaas. Hulle leer daar om ’n trekker te bestuur, dan ’n bakkie en dan ’n trokkie en word uiteindelik die bestuurders van swaar vragmotors wat Suid-Afrika se logistieke ratte laat draai. Landbouwerkgewers lei mense op vir baie ander sektore in die ekonomie.
Plaaswerkers word nooit ryk nie, maar hulle ly ook nooit honger nie. Waar voedselproduksie op kommersiële plase gedy, eet veel meer as net plaaswerkers, hulle gesinne en uitgebreide families van daardie plase af. Waar hulle hulle werk vanweë onbekostigbare minimumlone of ander arbeidsregulasies verloor, het die staat ’n jammerlike rekord van versuim om vir hulle te sorg of om honger gesinne te ondersteun.
As werkgewer presteer die landbousektor ver bo sy gewig. Hoewel landbou slegs sowat 2,5% tot die bruto nasionale produk bydra, skep dit byna 5% van alle werkgeleenthede direk op plase en ’n verdere 12% elders in die waardekettings.
“Landbou kan werk skep as dit nie deur swak beleid in die wiele gery word nie. Saai en Neasa het reeds kragte saamgesnoer in ons stryd teen onbekostigbare minimumlone en met noodvoedselpakkies vir honger gemeenskappe tydens die inperkingstydperk, weerstand teen ’n bedingingsraad in landbou en verskeie aksies teen onteiening sonder vergoeding. Die formalisering van die vennootskap bied aan Neasa ’n legitieme teenwoordigheid in die landbou, verbreed sy reikwydte en invloedsfeer substansieel, en bied aan familieboere die kragtigste beskerming, verteenwoordiging en hoorbaarheid wat beskikbaar is op die arbeidsterrein,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
Bron: Saai | https://www.proagri.co.za/saai-neasa-vennootskap-bied-groot-impak-vir-familieboere/ | 2021-04-22 21:09:06 |
Goeie nuus vir Scania-eienaars:Slim tegnologie bespaar brandstof en onderhoudskoste | This post is also available in: English
Die gevoelige slae wat COVID-19-beperkings uitdeel, laat die hele ekonomie steier. Ook die Suid-Afrikaanse vervoerbedryf sukkel om op koers te bly nadat die beperkings die tradisionele voorsieningsmodelle, verbruikersgedrag, befondsing van die regering se infrastruktuur en gevestigde sakemodelle verander het.
Namate die ekonomie inkrimp, staar die vervoerbedryf verskeie uitdagings in die gesig, waaronder stygende bedryfskoste, verhoogde brandstofpryse, dalende inkomste en skraler winsgrense. Maar goeie nuus vir Scania-eienaars is dat hulle die voordele van die tegnologie wat in die nuwe vragmotorreekse ingebou is kan benut om die pad na die toekoms gelyker te maak.
“Scania was nog altyd aan die voorpunt om nuwe standaarde te stel vir volhoubare logistieke oplossings,” sê Nomonde Kweyi, hoofbestuurder, Bemarking en Kommunikasie van Scania Suid-Afrika.
“Die voortdurende verbetering van die gehalte van ons produkte en van die vloei deur elke deel van ons voorsieningsketting skakel vermorsing uit en stel ons in staat om bedryfskoste te beperk.”
Scania se Nuwegeslagtrokke (“New Truck Generation”) stel nuwe maatstawwe vir die totale koste van eienaarskap, bied aan klante volhoubare kostedoeltreffendheid en verseker hulle van ՚n mededingende voordeel in hulle bedrywe.
Toonaangewende tegnologiese ontwikkeling maak Scania se jongste deurbraak moontlik. Voertuigdata word van veelvuldige Scania-trokke in daaglikse gebruik deur verskillende trokbestuurders aangeteken, en hierdie syfers bevestig ՚n gemiddelde 10%-brandstofbesparing in die Nuwegeslag- vragmotorreeks.
“Elke Scania wat ons bou is toegerus met slim tegnologie, gevorderde sensors en digitale skakeling,” verduidelik Mark Erasmus, hoofbestuurder van Verkope, Scania Suid-Afrika.
”Duisende voertuie wat pal aan die stelsel gekoppel is, verskaf die nodige data om besluite oor kostebesparings te neem.
Photo: carscoops.com.
Hierdie bewese 10%-brandstofbesparing, vergeleke met die Scania PGR-reeks, maak die Scania Nuwegeslag die mees brandstofdoeltreffende vragmotor in Suid-Afrika.
“Brandstofkoste kan meer as ՚n derde van die totale bedryfskoste van operateurs uitmaak,” sê Mark. “Enige verbetering in brandstofdoeltreffendheid kan drastiese besparings oplewer.”
Maar dit is nie waar dit eindig nie. Scania moedig hulle vlooteienaars aan om hierdie besparing te verreken teen die onderhoudskoste. Scania het reeds uitgebreide pakkette vir kostebesparende instandhouding beskikbaar, maar deur die voordele van tegnologie te gebruik, kan hierdie koste nog laer wees.
“Die hoogste brandstofbesparings in die mark bied ons klante die kostebesparing wat nodig is om vir onderhoudskoste te vergoed. Deur die brandstofbesparing te benut, kan ons klante daarin slaag om geen onderhoudskoste te betaal nie,” verduidelik Mark.
Die instandhouding van ՚n vragmotor teen geen koste, veral as dit vir ՚n hele vloot bereken word, het die potensiaal om beduidende besparings teweeg te bring, wat winsgewendheid verhoog en Scania-eienaars se vermoë om in ՚n baie taai mark mee te ding, aansienlik verbeter.
“In alle nywerhede, insluitende vrag en logistiek, konstruksie, mynbou en landbou, weet ons dat die onderhoudskoste broodnodige inkomste en wins opneem. Die Nuwetrokgeslag het die potensiaal om sy eie onderhoud te betaal,”sê Mark.
Die totale koste van eienaarskap word hierdeur heromskryf en Scania Suid-Afrika beskou dit as die deurbraak wat vragmotoreienaars nodig het om hulle inkomste te verhoog terwyl hulle mededingers steeds met hoë bedryfskoste sukkel.
“Terwyl uitdagende ekonomiese werklikhede byt, bevorder Scania se volhoubare kostedoeltreffendheid ons kliënte se sakedoelwitte en lewer groter winsgewendheid, wat hulle help om andersins ontwykende sakegroei te behaal,” sê Mark.
Om ՚n eienaar van ՚n Scania New Truck Generation te word, beteken dat jy deel kan word van ՚n kostebesparende kultuur wat nuwe hoogtes stel in die
Suid-Afrikaanse vervoerbedryf.
Die verbetering van ՚n reeds uitstekende aanbod
Scania se kliënte prys hulle reeds vir dienslewering en uitstekende ondersteuning- en instandhoudingsplanne, maar nou is dit nog beter.
Dit is wat vragmotoreienaars in die landbou- en ander bedrywe sê:
Kamal Mitoo, Time Link Cargo: “Ons is nie net tevrede met die voertuie nie, maar ook met alle aspekte van Scania se naverkoopdiens- en onderhoudskontrakte. Scania bly aan die voorpunt van die nuutste tegnologie in hulle vragmotors en ons hou onsself op hoogte om die beste besluite te neem.”
Flip de Bruyn van River North in Klerksdorp. “Die vragmotors is betroubaar; ek werk goed saam met die span en het geen probleem met hulle diens en ondersteuning nie.”
Rossouw van Bergen, Noordkaap Landboudiens: “Scania se herstel- en onderhoudsplan is uitstekend. Ek hou die plan totdat ek die vragmotor verkoop, en kan dit elke 40 000 km laat versien deur elke maand ՚n paar sent per kilometer te betaal.”
Alvin Steenkamp, Cavalier Group:
“Dit is maklik om te begroot vir die onderhoud van my Scania-vragmotors; daar is nooit onverwagte groot uitgawes nie.”
Dirk Lötter, Jansenville: “Benewens goeie, betroubare vragmotors wat ons grondpaaie kan hanteer, moet elke vragmotoreienaar weet dat die onderhoud- en brandstofkoste nie al sy wins sal opslurp nie. Dit is waarom ek Scania-trokke gebruik.”
Kontak u naaste Scania-handelaar om voordeel te trek uit die Scania “Geen onderhoudskoste, aangedryf deur ons 10% bewese brandstofdoeltreffendheid”-veldtog. Skakel 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za vir meer inligting. | https://www.proagri.co.za/goeie-nuus-vir-scania-eienaarsslim-tegnologie-bespaar-brandstof-en-onderhoudskoste/ | 2021-04-20 13:35:50 |
John Deere brei konstruksietoerusting in Afrika uit | This post is also available in: English
Deur Hentie Breedt, bemarking- en kommunikasiebestuurder vir John Deere Afrika en nabye Midde-Ooste
John Deere, die meganisasiereus, het aangekondig dat hul konstruksietoerustingreeks verder in Afrika gaan uitbrei.
Agtien lande in Suidelike en Wes-Afrika gaan nou ook John Deerekonstruksietoerusting ontvang, naas die landboutoerusting waarop hulle reeds al jare lank staatmaak. Die toerusting sluit trugrawers, masjiengrawers, laaigrawe, skrapers en kruiptrekkers in.
Alle John Deere-kliënte sal ook toegang hê tot John Deere se netwerk van agentskappe wat eersdaags bekendgestel sal word. Hierdie agentskappe sal spog met bekwame tegnici, en die nuutste tegnologie.
Die lande waarheen John Deere se konstruksietoerusting gaan uitbrei is:
• Suid-Afrika
• Botswana
• Zimbabwe
• Eswatini
• Namibië
• Zambië
• Kenya
• Uganda
• Mosambiek
• Angola
• Malawië
• Tanzanië
• Etiopië
• Egipte
• Rwanda
• Burundi
• Suid-Sudan
• Sudan
John Deere is nie net groen trekkers nie. Die geel John Deere Konstruksie
en Bosboutoerustingreekse sal ook eersdaags aan die Afrika-mark beskikbaar
wees. Hierdie produkte is van dieselfde gehalte, en word deur dieselfde
puik diens ondersteun as hulle landbou-stalmaats.
“Hierdie uitbreiding stel ons in staat om ons internasionale voetspoor te vergroot deur voort te bou op die strukture wat John Deere se landbou- toerusting reeds in Afrika gevestig het. Nou gaan hierdie lande ook die voordele van die John Deere-konstruksietoerusting geniet,” sê Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere Afrika & Midde Ooste.
“Ons bied dieselfde gehalte werktuie met hoë werkslewering en uitsonderlike kliëntediens, wat kenmerkend van John Deere wêreldwyd is, aan die nuwe markte,” sê Jaco.
In Afrika word John Deere reeds as ՚n leier in die landboubedryf gereken en word ook toenemend onder die bestes beskou in die bosbou- en konstruksiebedrywe. Hierdie uitbreiding beteken dat John Deere se konstruksietoerusting vir die eerste keer onder die John Deere naam in die ontluikende markte verkoop word.
In die nuwe tye waarin ons leef, neem John Deere volle beheer oor alle bemarking en ondersteuningsdienste van John Deere-produkte. Elke stukkie John Deere-konstruksietoerusting sal ondersteun en voorsien word deur hoogs opgeleide en gesertifiseerde tegnici wat weer ondersteun word deur ՚n netwerk van streeksonderdeleverspreidingsentrums, insluitend die naaste een in Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika.
Kliënte sal ook toegang hê tot die John Deere-reeks van tegnologieoplossings, insluitend JDLink™ Telematics, wat waardevolle vlootinsigte op die werkswebwerf bied.
“Ons het ՚n diepgewortelde teenwoordigheid in die landboumark in Afrika, en ons weet konstruksiekliënte in hierdie markte is gretig vir toegang tot die John Deere-handelsmerk en sy vele voordele,” sê Griffiths Makgate, verkoopsbestuurder, John Deere Konstruksie & Bosbou, John Deere Afrika & Midde Ooste.
“Deur toegang tot ons hoë gehalte toerusting, uitstekende handelaarsnetwerk en beskikbaarheid van onderdele en tegnologie-oplossings te bied, kan ons kliënte in Afrika help om produktiwiteit te verhoog en daagliks hulle winste ՚n hupstoot te gee,” verklaar Griffiths.
Daarbenewens sal John Deerebosbouprodukte wat reeds in hierdie markte beskikbaar is, binnekort in ooreenstemming wees met dieselfde nuwe handelaarsnetwerk. Spesifieke handelaaraankondigings kan in die komende weke verwag word.
Vir enige navrae of bykomende inligting, kontak Africa@johndeere.com, bel +27(0)-11-437-2600, of stuur ՚n e-pos aan breedthentie@johndeere.com. | https://www.proagri.co.za/john-deere-brei-konstruksietoerusting-in-afrika-uit/ | 2021-04-20 14:11:13 |
Reinke maak boere se drome waar | This post is also available in: English
“Dit was nog altyd my pa se droom om ՚n spilpunt op die plaas op te rig,” vertel Johan Strydom van JDW Strydom Boerdery naby Oesterbaai in die Oos-Kaap. Die Strydoms boer al van 1904 af op dieselfde plaas, genaamd Welgelegen.
Johan Strydom het na deeglike navorsing besluit om ՚n sestoring Reinke-spilpunt op te rig om te sorg dat daar regdeur die jaar genoeg weiding vir sy melkbeeste is. Die spilpunt het ՚n 18-meter oorhang en hou altesaam 44,3 hektaar se weiding regdeur die jaar groen, nat, en voedsaam.
Die Strydoms plant ՚n mengsel van hawer, raaigras, sorghum en kikoejoegras onder die spilpunt. Die pomp word deur ՚n 37-kW motor aangedryf wat genoeg dryfkrag lewer sonder om die kragrekening die hoogte in te jaag. “Die diens wat ons by IrriAgri ontvang het, het die deurslag gegee,” vertel Johan.
“Hulle was betrokke by die hele proses van die beplanning tot die oprigting. Hulle het ook gehelp om die nodige kraglyn en drie transformators op te rig wat die pomp en spilpunt van krag voorsien.”
Johan geniet die gemaklike beheer wat die Reinke Advanced Plus-beheerkas vir hom bied. Die spilpunt en pomp skakel outomaties aan en af op die tye wat Johan vooraf geprogrammeer het. Die radiobeheerstelsel stel Johan in staat om die volle voordele van die Reinke Advanced Plus beheerkas te geniet, sonder om afhanklik te wees van selfoonontvangs.
Patrick Ellis van Reinke; Johan Strydom, boer; en Franco Nel van IrriAgri spog met die 44,3 hektaarweiding wat nou immergroen is danksy die Reinke-spilpunt.
“Die stelsel is maklik om te gebruik,” sê Johan. “Daar is niks waarmee ek hoef te sukkel nie. Die koeie se weiding is konstant en betroubaar, wat beteken dat die melklewering ook beter is. Dit is die verskil wat Reinke se spilpunt op die plaas maak.”
Sedert Johan die spilpunt in 2020 opgerig het, was daar nog geen herstelwerk nodig nie. Buiten om te sorg dat die ratkaste olie het, die bande gepomp is en die laers gesmeer is, hoef Johan nie verder oor die spilpunt se versiening bekommerd te wees nie. “Indien daar iets fout gaan, of as ek raad nodig het, is Franco Nel altyd beskikbaar om te help,” vertel Johan.
Reinke is alombekend vir hulle unieke spilpuntstruktuur. Dit is ontwerp om die sterkste moontlike struktuur met die kleinste hoeveelheid staal te wees. Daarom betaal die boer nie vir onnodige staal aan die struktuur nie en kry die beste waarde vir die spilpunt se aankoopprys.
Johan bestuur die besproeiingstelsel sonder moeite deur die Reinke Advanced Plus-beheerkas.
Buiten die unieke ontwerp, word Reinke-spilpunte van hoë-spanningstaal vervaardig wat lig, maar sterk is. Dit is ook so ontwerp dat die struktuur se swaartepunt so laag as moontlik gehou word om te verhoed dat die spilpunt in sterk wind omval. Om duursaamheid te verseker, word al die staaldele behoorlik versink om beskerming te bied teen roes en verwering. “Omdat die spilpunt so naby aan die see is, is die gehalte van die versinking vir ons baie belangrik,” verduidelik Johan.
“Reinke bied nie net ՚n besproeiingstelsel nie, maar die totale besproeiingsoplossing,” sê Patrick Ellis, direkteur van Reinke SA. “Ons besef elke boer het unieke behoeftes, daarom ontwerp ons elke stelsel om by daardie kliënt se spesifieke behoeftes te pas.”
Vir meer inligting oor Reinke se besproeiingstelsels wat jou sak en behoeftes pas, praat met Patrick Ellis by +27-(0)31-350-4525, of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@reinke.com. | https://www.proagri.co.za/reinke-maak-boere-se-drome-waar/ | 2021-04-19 13:14:03 |
Brutale moorde op ‘n plaas naby Nelspruit word betreur | This post is also available in: English
Mpumalanga Landbou het met groot hartseer kennis geneem van die tragiese dood van twee vredeliewende mense op ‘n plaas naby Nelspruit op Saterdagaand 24 April.
Hierdie jongste aanval op plaasbewoners word in die sterkste moontlike terme veroordeel. Ons betuig innige meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes.
Na bewering was die twee persone gedurende ‘n rooftog op die plaas Valley Farm aangeval. Volgens berigte was die slagoffers van die brutale aanval ‘n ma van 56 en haar verstandelik gestremde seun in sy vroeë dertigs. ’n Saak van moord en roof is klaarblyklik reeds deur die polisie geopen.
Mpumalanga Landbou verwelkom Generaal-Majoor Phahla, waarnemende
kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, se beweerde reaksie dat die moorde op plase onmiddellik gestaak moet word in die lig van die landbousektor se bydrae tot die ekonomie van die land. Die SAPD word versoek om alles in hulle vermoë te doen om die skuldiges aan
te keer en te vervolg.
Mpumalanga Landbou is bekommerd dat vroeëre uitsprake deur die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, mnr. Vusi Shongwe, rakende die insident van 9 April op Pampoenkraal, moontlik kon bydra tot die motivering van die barbaarse moord op die weerlose ma en seun.
Die Dagbestuur doen ‘n dringende beroep op die Premier en die LUR vir
Gemeenskapsveiligheid van Mpumalanga om hierdie jongste brutale moord van twee onskuldige en weerlose persone op ‘n plaas in Mpumalanga ten sterkste in die openbaar te veroordeel. Verder word die owerheid versoek om wet en orde sonder vrees en guns konsekwent toe te pas.
Bron: Mpumalanga Landbou | https://www.proagri.co.za/brutale-moorde-op-n-plaas-naby-nelspruit-word-betreur/ | 2021-04-26 16:30:16 |
Boer beter met Valtrac toerusting: Boer vooruit met tawwe trekkers en wenwerktuie | This post is also available in: English
Valtrac verstaan boerdery en ook dat elke boer sy eie, unieke behoeftes het. Daarom kies Nico Hendriks telkens Valtrac as verskaffer van al sy landboutoerusting.
Hy sê: “Dit is produkte van ՚n boer, vir boere. Valtrac is deur ՚n boer (Wynn Dedwith) begin, en 24 jaar later boer hy nog steeds. Valtrac se persoonlike diens, die gehalte van hulle produkte, die beskikbaarheid van onderdele en die ondersteuning wat hulle aan die boer bied, is die beste wat ek nog ooit beleef het.”
Nico het in 1996 naby Ellisras begin boer met twee Volvo BM600-trekkers. Die betroubaarheid en werkverrigting het hom so beïndruk dat hy nie vir ՚n oomblik gehuiwer het om die Finse Valtra-trekkers, wat uit dieselfde stal as die Volvo’s kom, aan te skaf nie. Vandag besit Nico ՚n hele vloot Valtra-trekkers wat enige taak op die plaas met voortreflike doeltreffendheid afhandel. Hy boer met uie, aartappels, saadmielies en weiding. Hy het ook beeste en wildskampe op die plaas.
Nico Hendriks se Valtra N134 het meer as genoeg krag om die Grimme GT 170 S te sleep, wat meer as 25 ton aartappels per uur oes.
Nico se vloot bestaan uit ՚n Valtra T191 (147 kW), Valtra T193 (147 kW) met ՚n driepunthyser en kragaftakker voor aan die trekker, twee Valtra N123-trekkers en ՚n Valtra N134. Valtra-trekkers is ՚n toonbeeld van betroubaarheid, en Valtrac se uitstekende naverkopediens verseker dat Nico se Valtra-vloot voltyds hard aan die werk bly.
“Valtrac bied ՚n produk van goeie gehalte, uitstekende diens, daar is altyd onderdele beskikbaar, en daar is altyd ondersteuning vir die boer. Dit maak dit maklik en sinvol om Valtrac oor en oor te kies,” sê Nico.
Die ses-silinder T-Reeks Valtratrekkers is alombekend vir hulle AGCO Power-enjins wat goeie krag lewer, selfs teen lae omwentelinge. Die 36 ratte sorg vir uitstekende brandstofverbruik en werkverrigting. Nico gebruik sy T-reeks Valtra trekkers om skeurploeë en skottelêe te trek, en om deeglike saadbedvoorbereiding te doen. Om die saadbed voor te berei voordat hy aartappels en uie plant, span Nico die Valtra T-reeks voor sy Pöttinger Terradisc, ook deur Valtrac verskaf, in.
Die Terradisc werk op die driepunthyser en is ontwerp vir vinnige vlakbewerking met deeglike snywerk. Die skottels word twee-twee saam aan ՚n balk gemonteer met reguit staalarms wat verhoed dat die skottels kant toe uitswaai. Reste word in gelyke stukkies gesny en deeglik ingewerk in die bogrond waar hulle kan afbreek om by te dra tot die grond se biologiese inhoud en tekstuur.
Agter die skottels is ՚n stel vingers wat die saadbed mooi gelyk maak en heel agter volg ՚n roller vir vastrap. Die rollers sorg ook vir die dieptebeheer en dit word hidroulies vanuit die kajuit verstel. Die Valtra N-reeks is ideaal vir algemene boerdery, met die viersilinderenjin wat maksimum brandstofdoeltreffendheid bied. Die N134 (99 kW) het goeie gewigsverspreiding, ‘n sterk hyser en geslote hidrouliese stelsel wat dit toelaat om swaar take uit te voer soos om die Grimme GT 170 S-aartappeluithaler te trek, terwyl die kort draaisirkel tyd op die wenakker bespaar, veral onder spilpunte.
Die Valtra T191 met die 3-meter Pöttinger Terradisc berei die ideale saadbed voor vir Nico Hendriks om aartappels en uie te plant.
Nico se trekkers is almal toegerus met hoër, smaller bande om gemaklik in die aartappellande te werk. As gevolg van die wye verskeidenheid take wat daagliks in ՚n boerdery verrig moet word, is dit soms moeilik om een verskaffer vir al jou behoeftes te kry. Volgens Nico sal hy op niemand ander as Valtrac staat maak vir meganiese toerusting nie.
“By Valtrac is jy nie net nog ՚n kliënt nie; jy word deel van die Valtrac-familie. Dit is maklik om met hulle te werk en hulle is altyd vriendelik en behulpsaam. Valtrac is altyd net ՚n oproep ver, en as hulle nie oor die foon kan help nie, stuur hulle iemand plaas toe. Ek moes nog nooit langer as ՚n dag vir hulle wag nie. Ek het in die verlede ander trekkers gebruik, maar as gevolg van die uitmuntende diens het ek heeltemal oorgeskakel na Valtrac se toerusting,” sê Nico.
Skakel Attie de Villiers by 083-261-9863, 056-817-8006 of stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za om deel te word van die Valtra-familie. | https://www.proagri.co.za/boer-beter-met-valtrac-toerusting-boer-vooruit-met-tawwe-trekkers-en-wenwerktuie/ | 2021-04-20 12:56:14 |
Kies presies die regte presisietoerusting vir jou plaas | This post is also available in: English
Boere boer al hoe slimmer. Die dae wat ՚n boer sonder ՚n rekenaar of slimfoon oor die weg kon kom is verby. Tegnologiese vooruitgang en voortdurende ontwikkeling veroorsaak dat elke boer wat mededingend wil bly vandag net soveel tyd voor ՚n skerm moet bestee as agter die bakkie of trekker se stuurwiel.
Boere steun al hoe swaarder op tegnologie om doeltreffend te kan boer, want daar moet seker gemaak word dat elke druppel water en korrel kunsmis verreken word om elke pit en plant ten beste te laat presteer.
Om die boer daarmee te help, is ՚n groot verskeidenheid presisietoerusting beskikbaar, en elke verkoopskonsultant vertel die boer sy produk is die beste. Hierdie tegonologie kos natuurlik ook geld. Om R170 000 (sonder BTW) vir ՚n basiese skerm te betaal, is glad nie ongehoord nie. In baie gevalle vind die boer dan later uit dat die toerusting hom nie in staat stel om alles te doen wat hy graag sou wou doen nie, en dan kom daar verdere uitgawes om die stelsel op te gradeer. Dit is nie net boere wat vir die eerste keer met hierdie tipe toerusting te doen kry nie, maar ook gesoute presisieboere wat al dikwels ՚n kat in die sak gekoop het.
In ՚n mededingende landboumark bestaan daar nie meer iets soos ՚n swak produk nie. Indien ՚n maatskappy se produk nie op standaard is nie, sal hulle dit doodeenvoudig nie oorleef nie. Daarom is alle presisieprodukte ook oor die algemeen op ՚n redelik hoë standaard. Die verskil kom egter in wanneer die produk nie geskik is vir die toepassing waarvoor hy aangekoop is nie.
Hoe moet ՚n boer dan maak om seker te wees dat hy nie iets ten duurste koop waaroor hy later gaan spyt wees nie?
ProAgri het met ՚n paar kenners gaan gesels om die volgende lys wenke saam te stel om te sorg dat jy presies die regte toerusting vir jou boerdery kies:
Jy hoef nie die nuutste en beste planter te hê om presisieboerdery toe te pas nie. Jy moet net seker maak dat jou planter behoorlik werk en akkurraat plant.
Besluit waar jy oor vyf of tien jaar wil wees
Die eerste stap is om te besluit wat die doel met die toerusting is.
• Wil jy graag jou eie voorskrifkaarte vir saad en kunsmis kan skryf?
• Of wil jy net inligting insamel sodat die landboukundiges die voorskrifkaarte vir jou skryf?
• Wil jy meer ton per hektaar oes?
• Of wil jy jou insetkoste beter bestuur?
Hierdie is van die vrae wat die boer homself moet afvra voordat hy begin geld bestee aan presisietoerusting. Indien die boer ՚n seun het wat binne die volgende paar jaar by die boerdery gaan betrokke raak en later sal oorneem, is dit ՚n goeie gedagte om hom ook by hierdie proses te betrek. Jy wil dalk oor vyf jaar aftree, maar jou seun wil dalk nog dertig jaar op die plaas boer en moontlik uitbrei. Wat sal die beste wees oor die langer termyn?
Presisietoerusting stel jou in staat om jou opbrengs te verhoog en insetkoste beter te bestuur deur ingeligte besluite te neem.
Waar begin ek?
Na ՚n deeglike kajuitraad het die boer nou ՚n medium- en langtermynplan, en hy kan daarvolgens begin werk aan wat hy nodig het om daardie bepaalde doelwitte te bereik. Wat kom dan nou eerste? Volgens Danie Bester, boer en eienaar van Deep Water Trading, is jou stroper die beginpunt. Die stroper meet wat die werklike stand van sake met jou gewasse is. Elke meter van elke land word deur die stroper gedek en die produksie daarvan word gemeet.
Hierdie inligting gaan bepaal waar die volgende stappe op jou pad na presisieboerdery lê. Die moderne stropers, trekkers, planters, kunsmisstrooiers en ander werktuie word almal vanuit die fabriek toegerus met presisietoerusting, of minstens met die vermoë om hierdie toerusting later te kan aanbring. Kyk na wat jy het en wat jy dan moet aanvul om by jou uiteindelike doel uit te kom. Selfs ouer toerusting (20 jaar plus) kan toegerus word; daar is vervaardigers wat dit kan doen.
Grondchemie
Noudat jy die inligting het wat deur die stroper versamel is, kan jy sien waar daar swakker kolle as ander op jou lande is. Die volgende stap is om grondmonsters te neem en te stuur vir ontleding. Die uitslae van hierdie ontledings sal bepaal waar jou grond sekere chemiese tekorte het wat jy dan met aanvullings kan regstel.
Die volgende presisietoerusting wat jy dan kan gebruik is om jou kalk- en kunsmisstrooier te programmeer sodat jy presies die regte hoeveelheid kalk of kunsmis op presies die regte plekke kan strooi. Dit speel ՚n groot rol om vermorsing of onnodige toediening te verhoed en sodoende jou insetkoste te verlaag.
Grondbewerking
Die vorige oes is van die lande af, jou regstellings is gedoen, en nou is dit tyd om die grondbewerking reg te doen. Weer eens is daar ՚n verskeidenheid presisiewerktuie beskikbaar en jou keuse hang weer af van jou uiteindelike doel. Die trekker kan met selfstuurtegnologie toegerus word om brandstof te bespaar en presies die regte lyne op die lande voor te berei vir die komende plantseisoen. Dit sal veral ՚n groot rol speel vir boere wat bewaringsboerderymetodes en spoorverkeer wil toepas.
Planttyd
Jy het nie die nuutste planter nodig nie. Jy het wel die akkuraatste planter nodig. Die presisietoerusting wat saam met jou planter werk is seker naas die stroper die belangrikste. Jy is immers besig om die volgende seisoen se oes te plant. Maak dus seker dat jou planter heeltemal reg werk, en dat die operateur behoorlik opgelei is. As jy nie self plant nie, is dit goed om te kyk na presisietoerusting wat met Remote View toegerus is. Dit gaan jou toelaat om alles te sien wat in die trekker se kajuit en met die planter aangaan. Indien daar ՚n probleem is, kan die boer dadelik ingryp en die nodige regstellings maak. Die stelsel wat die planter dophou moet nie net die saadplasing reguleer nie, maar ook die kunsmisplasing. Dit speel ՚n baie groot rol om die gewasse gelyk te laat opkom om mededinging tussen die rye te voorkom.
Spuite en ander toedieners
Die tegnologie is vandag van so ՚n aard dat die spuit se presisietoerusting ook die samestelling van die spuitstof kan berg. Indien jou spuit so ՚n stelsel het, doen die moeite om die topbemesting of blaarvoeding se samestelling in te tik. Dit gaan vorentoe help met die bepaling van die persentasie mikrovoedingstowwe wat die gewasse nodig het, en kan weer eens onnodige toediening voorkom.
Algemene riglyne
Jy kan die beste en duurste toerusting besit en steeds misluk met presisieboerdery. Daar is twee faktore wat deurgaans ՚n uiters belangrike rol speel. Die eerste een is die akkuraatheid al die toerusting. Sorg dat alle toerusting haarfyn gekalibreer word om so akkuraat as moontlik te meet. Dit help nie dat jy al die stappe volg en die kalibrasie afskeep nie. Om te meet is omte weet, maar as jou maatstok krom is gaan dit niks help om te meet nie.
Tweedens moet die boer sorg dat die sagteware waarmee die inligting verwerk en verstaanbaar aangebied word, doeltreffend werk. Die boer moet ook die nodige kennis opbou om die sagteware en toerusting ten volle te kan benut.
Laastens het Danie ook die volgende wenke vir boere gegee:
• Koop eerder ՚n veeldoelige stelsel wat op soveel as moontlik van jou werktuie kan werk, as goedkoper stelsels wat beperkte funksies het.
• Sorg ook dat die stelsel wat jy kies toekomstige uitbreiding sal toelaat om makliker by jou langtermyndoelwitte uit te kom.
• Gaan praat met mense wat al self gesukkel het; nie net met verkoopsagente nie, maar met boere wat al deur die proses is.
So kan jy presies kies wat by jou boerdery en by jou sak sal pas.
Kontak gerus vir Danie Bester by 083-486-5988 of stuur ՚n e-pos na rietbult@mweb.co.za of danetidf@gmail.com vir meer inligting. | https://www.proagri.co.za/kies-presies-die-regte-presisietoerusting-vir-jou-plaas/ | 2021-04-19 16:54:34 |
VL Jongboer finaliste glo in toekoms van landbou in SA | This post is also available in: English
Die vyf finaliste in Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar kompetisie glo almal dat daar ’n toekoms vir landbou in Suid-Afrika is, mits jy bereid is om hard te werk en die uitdagings te trotseer.
Volgens prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en Hoof van die Departement van Landbou by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) is die finaliste sterk kandidate wat sake sal uitspook om as VL se 25ste Jongboer van die Jaar aangewys te word. Die finaliste is reeds in Februarie 2020 deur die beoordelaarspaneel op hul plase besoek. Vanweë die Covid-pandemie, was VL genoodsaak om die aanwysing van die wenner uit te
stel en sal die jongboere nou op 13 April om die titel meeding.
Annalea van Niekerk, ’n beesboer van Reitz, wil ’n verskil in mense se lewens maak en ook hoop vir ander jongmense in landbou gee.
Douglas Osler, ’n appelboer van Fouriesburg, glo dat ‘wat jy insit, jy sal uitkry’.
Jimmy Roberts, ’n vee-, saai- en wildboer van Hertzogville,
glo dat ‘jy elke moontlike geleentheid moet raaksien en ten volle aangryp om die meeste daarvan te maak’.
Louis de Jager, ’n veeboer van Wepener, meen die rol van jongboere in
Suid-Afrika is die ontwikkeling van mense om landbou volhoubaar te maak.
Nant Yzel, ’n saaiboer van Marquard, glo jongboere se belangrikste take is om voedsel te voorsien, werksgeleenthede te skep en welvaart in die platteland te verseker.
Volgens prof Fourie is van die afdelings waarop deelnemers beoordeel word, onder meer toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking, instandhouding, personeelbestuur en gemeenskapsbetrokkenheid.
Die wenner stap met ’n VL-kontantprys, asook ander pryse van verskeie borge, weg en sal outomaties aan die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem.
Die vorige wenner, Herman Janse van Rensburg van Arlington, moedig jongboere aan om met passie te boer. “As jy jou passie verloor, verloor jy moed. Daarom: Doen wat jy moet en gryp die geleenthede wat oor jou pad kom aan.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vl-jongboer-finaliste-glo-in-toekoms-van-landbou-in-sa/ | 2021-04-08 14:33:40 |
Alice Cronje tree af na 34 jare | Deur JOUBERT RETIEF
Ons groet vandag met ‘n swaar hart ‘n PJ-legende.
Om vir meer as 34 jaar betrokke te wees by die skool is voorwaar ‘n mylpaal. Alice Klopper het by Kleuterland kom werk en op Manie Cronjé, PJ-Onderwyser, verlief geraak. Sy het later as Mev. Cronjé by Hoërskool PJ Olivier aangesluit as sekretaresse en hiér het sy vir 21 jaar getrou haar diens gelewer.
Sy hanteer die oudskoliere, personeelfonds, Klub 100, reël die reunies en is by alles wat die skool reël betrokke. Sy is geken as Manie se regterhand en almal se hulp. Altyd bereid om te help, ʼn hand by te sit, raad te gee en te organiseer. Sy ken die oudskoliere so goed dat hulle almal dink sy was saam met hulle in die klas!
Alice se administratiewe vaardighede is buitegewoon – die finansiële boeke, notules, edlappe, personeellêers en al die duisende eposse na oudskoliere getuig van die noukeurige werk wat sy doen. Alles op sy plek, krap net in haar laai en jy sien alles is mooi gelabel, ge-colourcode presies op hulle plek. O’wee as jy met iets wegloop – sy kry hom weer want jy voel skuldig en gaan sit dit terug!. As die nood hoog is kan jy op haar nommer druk en kom help sy.
Ondersteun en hulp by Atletiekbyeenkomste, langs rugbyvelde, skietbane, Frans Erasmus, Pretdraf, danse, konserte, basaars en nog vele meer. Alice se hand kan jy sien van tafels dek tot laat nagte skottelgoed was na ʼn funksie. Dit was vir my ʼn voorreg om saam met jou te kon werk, Alice.
Alice ons kan nie vandag genoeg dankie sê nie en die geskenk wat ons gee kan nooit vergoed vir die duisende ure wat jy van jou lewe gegee het vir PJ Olivier nie. Jou stil, getroue noukeurige en besonderse werkswyse sal ons almal mis, die saamlag en peusel in die kantoor sal nie dieselfde wees sonder jou nie.
Ons gun jou vir Manie, Christo, De Wet en die familie en kleinkinders. Ons wens jou goeie gesondheid en baie tyd saam met jou geliefdes. Mag die Here jou seën, Alice. | https://www.grocotts.co.za/2021/04/04/alice-cronje-tree-af-na-34-jare_2/ | 2021-04-04 20:15:42 |
topst | https://www.mainepublic.org/tags/topst | ||
Geliefde Herderspaar verlaat die Bosveld | Een van die Thabazimbi Bosveld se geliefde herderspare, ds Jannie en Marietjie du Plessis, het verhuis en woon nou by hulle kinders, Jan-Abraham en Melissa en hul gesin in Rustenburg.
Ds Jannie is 36 jaar gelede as leraar van die NG Kerk Dwaalboom beroep. Hier het hy en Marietjie saam met hulle gesin in die gemeenskap gegroei. As leraar van die NG Gemeente Dwaalboom was hy ook leraar in kombinasie met Northam terwyl Marietjie as onderwyser verbonde aan Laerskool Dwaalboom was.
Na 18 jaar as leraar van die Dwaalboom gemeente het hy geëmeriteer en het die gesin hulle op Thabazimbi kom vestig.
Van stilsit was daad geen sprake nie en ds Jannie was betrokke as aflospredikant in die Ring asook by die bediening van bejaardes op Northam. Boonop het hy sy dienste vir die SAVF op Thabazimbi aangebied en was hy vir etlike jare die plaaslike voorsitter van hierdie liefdadigheidsorganisasie.
Nadat hulle na Thabazimbi verhuis het, was Marietjie eers as onderwyser by Bosveld Akademie betrokke en daarna voltyds as onderwyseres in diens by Laerskool Thabazimbi.
Op die foto is van links: Chrisna, Marietjie, Jan Abraham en Melissa met hul seuntjie Janco, ds Jannie, Herma, Marlize en Francois.
Herma, hul tweede oudste dogter, was ook vir 13 jaar verbonde as onderwyseres by Laerskool Thabazimbi. Tans is sy onderwyser by Laerskool Hennopspark in Centurion.
Die jongste dogter, Marlize, was vir talle jare, voordat Kwêvoël sy deure as drukkery en gedrukte koerant moes sluit, Kwêvoël se ontvangsdame by die koerantkantore en drukkery. Sy en haar man, Francois Steyn woon deesdae in Steelpoort.
Beide ds Jannie en Marietjie was lank ook by die kategese op Thabazimbi betrokke en ds Jannie was ook vir lank deel van hospitaalbediening in Thabazimbi.
Hulle dra dan ook hulle dank oor aan die Thabazimbi gemeente en gemeenskap vir die liefde en ondersteuning in die loop van die jare, veral tydens die afsterwe van hul dogter Chrisna op 18 Mei 2020.
Die gemeenskap wens ds Jannie en Marietjie ’n rustige verblyf toe waar hulle in ’n woonstel by hulle kinders se huis in Protea Park in Rustenburg gaan woon.
Protea Park moet maar kennis neem dat hulle hier te doen gaan kry met ’n egpaar wat nie net eenvoudig gaan terugsit nie, maar steeds aktief in hul nuwe gemeenskap sal wees. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/08/geliefde-herderspaar-verlaat-die-bosveld/ | 2021-04-08 19:45:26 |
Ray Dylan 1 Mei by Khaya Kwa | Ray Dylan, wat sy deurbraak tot die Afrikaanse Musiek treffersparade in 2006 met sy treffer ‘Hokaai Stoppie Lorrie’ gemaak het, tree Saterdag 1 Mei op by Khaya Kwa.
Hy het hierdie treffer met nog verskeie ander treffers opgevolg en dit het dan ook gelei tot die SAMA toekenning wat hy gedurende 2009 ontvang het vir die beste Country album met sy album Goeie Ou Country.
Soos met die meeste sangers die geval was, het Dylan ook sy loopbaan begin deur optredes in klubs en kroeë. Alhoewel die meeste van sy opnames in Afrikaans, sy moedertaal gedoen is, het hy ook in Engels opnames begin doen om deur te dring na die Engelse gehoor en mense wat Engels magtig is.
Hier neem hy sy gehoor teruggeneem in die verlede met opnames soos Rhinestone Cowboy, Am I that easy to forget, Tequila Sunrise en To all the girls I loved before asook talle ander.
Kom luister gerus en help om ons kunstenaars weer op die been te kry na die erge insakking in die lewendige musiekbedryf wat deur die erge inperking bepalings veroorsaak is.
Toegang beloop R150 per persoon en bespreek vroegtydig om jou plek te bespreek. Die vertoning begin om 18:00 – Kom kuier gesellig saam met jou vriende. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/12/ray-dylan-1-mei-by-khaya-kwa/ | 2021-04-12 14:58:07 |
Vollie volstoom op die sprestasiespoor | Vollie Volschenk het so pas nog ’n toekenning ryker geword nadat hy aangewys is as naaswenner van ’n skrywerskompetisie wat deur die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans geloods is.
Die toekenning is tydens die Glansgeleentheid vir die bekendstelling van ‘Stemme uit die Suiderland XV’, die nuutste gedigte uit die pen van deelnemers aan die kompetisie gemaak. Die funksie is Saterdag 17 April in die AfriForum Teater in Pretoria aangebied.
Vollie ontvang sy toekenning vanaf Dirk Hermann van AgriForum, as naaswenner van die skryfkompetisie.
Vollie met sy toekenning en ’n afskrif van die nuwe bundel gedigte ‘Stemme uit die Suiderland XV’.
Vollie saam met Rita tydens die funksie.
Altesaam 880 inskrywings van Nuwe-Afrikaanse gedigte is ontvang waarvan 412 in die nuwe bundel opgeneem is. Al vyf inskrywings wat Vollie ingedien het, is in die bundel opgeneem.
Drie van Vollie se inskrywings is finalis in hul onderskeie afdelings. Met twee van sy inskrywings wen hy die Algehele Naaswenner toekenning.
Hierdie is ’n besondere prestasie vir Vollie, wat onlangs sy 89ste verjaarsdag gevier het. Die wenpryse tydens hierdie pragtige, stylvolle geleentheid is deur Dirk Hermann van AfriForum oorhandig. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/20/vollie-volstoom-op-die-sprestasiespoor/ | 2021-04-20 16:20:58 |
Thabazimbi se grootste kampvegter nie meer nie | Marie Steenekamp (87), sekerlik die grootste kampvegter en organiseerder om liefdadigheids- en versorgingsprojekte in die gemeenskap op die been te kry en te laat werk, is Dinsdagoggend vroeg na ’n kort siekbed oorlede.
Marie se huishulp, Eva, het Vrydagoggend 9 April onraad vermoed toe sy nie gereageer het om die elektriese skuifhek vir haar oop te maak nie. Sy het die bure genader maar Marie het ook nie haar telefoon geantwoord nie. Die hulp van die sekuriteitsfirma is ingeroep waarna toegang tot haar huis verkry is en Marie op die vloer in haar sitkamer aangetref is. Sy het teen die meubels geval en was te swak om weer op te staan of om hulp te roep.
Toe hulp uiteindelik opdaag was sy by haar positiewe en haar geneesheer, dr Andries Buys, is gekontak wat gereël het dat sy vir behandeling in Mediclinic Thabazimbi Hospitaal opgeneem word.
Marie saam met haar dogter Emmarie en kleindogter Marike.
Volgens haar dogter Emmarie en haar man Corrie wat na haar ma in die hospitaal omgesien het, was haar ma swak maar het met hulle gesels. Daar is toe ook bevestig dat sy reeds vir meer as ’n jaar gelede met kanker gediagnoseer was. Toe sy opgeneem is was die kanker reeds baie gevorderd en deur haar hele liggaam versprei en organe aangetas. Weens haar hoë ouderdom en persoonlike keuse het sy, sedert kanker gediagnoseer is, dit geheim hou en geen kankerbehandeling ondergaan nie.
Na die naweek het haar toestand skielik versleg en sy is Dinsdagoggend omstreeks 03:00 oorlede.
’n Gedenkdiens word Maandag 19 April om 11:00 vanuit die NG Kerk Thabazimbi gemeente gehou. (Sien aangehegte kennisgewing)
Tannie Marie, soos sy beter in Thabazimbi omgewing bekend gestaan het, het as pas gekwalifiseerde onderwysstudent haar eerste aanstelling in die onderwys in 1954 by die laerskool afdeling van die Thabazimbise Skool aanvaar. Aan die begin van 1960 is die skool in twee aparte skole, steeds op dieselfde terrein van huidige Laerskool Thabazimbi, opgedeel naamlik Laerskool Thabazimbi en die hoërskool elk met sy eie hoof. Mnr Piet Botha het aangebly as hoof van Laerskool Thabazimbi en dr Klasie Botes is as die tydelike hoof van die hoërskool aangestel. Die hoërskool het gedurende 1961 na die nuwe skoolgebou verskuif onder die naam van Hoërskool Frikkie Meyer.
Baie inwoners en oud leerlinge van Laerskool Thabazimbi, selfs ouer as 60, het op een of ander stadium deur Marie se hande gegaan, hetsy as klasonderwysers, korfbal afrigter of gewoonweg net as daar aangetree word vir skoolopening. Van die meer as 66 jaar wat Marie inwoner van Thabazimbi was, was sy slegs vir die afgelope jaar of twee, as gevolg van die feit dat sy moeilik geloop het, op een of ander manier steeds betrokke in die gemeenskap om die las van ander mense ligter te maak.
Buitemuurs was sy steeds met die jeug betrokke as offisier verbonde aan die destydse Manie Maritz Voortrekker Kommando wat vir jare aktief op Thabazimbi was.
Marie se godsdiens was haar erns en sy was tot ’n paar jaar gelede, as ouderling, lid van die kerkraad van die NG Kerk Thabazimbi gemeente en was sy ook ’n aktiewe lid van die kerk se Vroueliga.
Marie (Swanepoel) is in 1933 in Pretoria gebore as die oudste van vier kinders met nog twee susters en ’n broer. Haar laerskoolloopbaan voltooi sy by Laerskool Generaal Nicolaas Smit en as leerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria verwerf sy haar matriek in 1951. Hierna het sy haar onderwysdiploma behaal aan die Pretoria Normaal Kollege.
Kort nadat sy as onderwyseres aan Laerskool Thabazimbi begin het, het sy in 1955 met Nicolaas (Niek) Steenkamp in die huwelik getree. Marie en Niek, wat haar in 1981 ontval het, was destyds geesdriftig betrokke in party politiek. Marie het juis op aandrang van verskeie inwoners van Thabazimbi haarself verkiesbaar gestel as een van die onafhanklike kandidate in die eerste volwaardige munisipale verkiesing van die nuwe bedeling onder bewind van die ANC.
Die egpaar se twee kinders is in Thabazimbi gebore. Emmarie in 1956 en Johan in 1961. Beide het hulle skoolloopbane hier plaaslik aan onderskeidelik Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer voltooi.
Emmarie en Corrie saam met hulle dogter Marike en hul kleinseun Wildrich.
Emmarie en Corrie.
Ilana en Cornelius met die tweeling Iva en Lian.
Marike en Werner met hul kinders Emke en Wildrich.
Cornelius en Ilana met die tweeling Lian en Iva.
Marie saam met haar dogter Emmarie en kleindogter Marike.
Johan en Annette met hul kleinkinders Nicole en Jaco.
Nicolaas en Cariena en hul seun Lukas.
Anja en Nico saam met hul kinders Nicole en Jaco.
Emmarie saam met haar seun Cornelius en kleinkinders Lian en Iva.
Emmarie en Corrie.
Marie se kleinseun Cornelius en sy vrou Ilana.
Marie se kleindogter Marike en haar man Werner.
Cornelius en Ilana met hul kinders Lian en Iva.
Die tweeling Iva en Lian.
Johan en Annette saam met hulle kinders Nicolaas en sy vrou Cariena en klein Nicole asook Anja en Nico met klein Jaco.
Marie was haar hele onderwysloopbaan lank betrokke by talle buitemuurse aktiwiteite en as korfbal afrigter by die laerskool het sy haar skerp oog op die spel gehad wat die dogters deurentyd aangemoedig het om hulle beste te lewer en hulle ook geprys het vir goeie hanteerwerk en doele.
Buiten haar pligte as onderwyser by Laerskool Thabazimbi het Marie steeds die tyd gevind om by diensorganisasies betrokke te raak.
Gedurende die vyftiger-sestigerjare was die dorp afhanklik van YSKOR vir hospitaal- en ander nooddienste. Daar was wel ’n gevestigde tak van die Rooikruis wat hom beywer het vir die aanbieding van Noodhulpklasse asook om ’n ambulans op ’n gereedheidsgrondslag aan die gemeenskap beskikbaar te stel.
Marie het gou ook deel van hierdie organisasie geword en betrokke geraak by die Rustenburg-tak van die Bloedoortappingsdienste wat gereeld bloedskenkklinieke op Thabazimbi en omgewing gehou het. Marie het naderhand al die bloedskenk klinieke in Thabazimbi gereël en sy het ’n spesiale toekenning van die Bloedoortappingsdiens ontvang vir die 60 jaar wat sy die klinieke in Thabazimbi gereël het.
Gedurende die laat sewentigerjare het die behoefte sodanig gegroei dat die Thabazimbi-tak van die Lionsklub ter plaatse gestig is met Marie Steenkamp ook deel daarvan. Lionsklub is net soos die Rotariërs ’n diensorganisasie wat binne die gemeenskap projekte skep waarmee fondse ingesamel word wat dan weer op een of ander manier tot voordeel van die gemeenskap aangewend word. Die fondse is ingesamel wat gebruik is om instansies soos die Rooikruis, liefdadigheidsorganisasies en skole finansieel te ondersteun.
Die Lionsklub het ook sy sytak gehad waar die vroulike lede in die Lionessklub betrek is waar Marie ’n groot rol gespeel het in besluitneming oor hoe hulle die oorhoofse projekte kan ondersteun soos met die Lion Kerskoeke wat jaarliks plaaslik verkoop is.
Marie het ’n vroeë pensioenpakket gedurende 1992 aanvaar maar weereens het sy nie stilgesit nie. Dit het nie lank geneem nie of Marie was ook betrokke by die stigting van die Seniorburgerklub waartydens uitstappies en sprekers by Bosveld Oord gereël is en waar die seniors heel gesellig kon verkeer. Op haar eie het Marie ’n klein bibliotekie by Bosveld Oord ingerig wat staatgemaak het op skenkings om die inwoners van leesstof te verskaf.
Thabazimbi se geliefde me Marie Steenekamp is vanjaar deur Shoprite Thabazimbi as Vrou van die Jaar: Gesondheidsdienste genomineer. Op die foto is vlnr: me Lizelle Johnson (Bestuurder: Shoprite), me Marie Steenekamp en mnr Rudolph Steyn (Streeksbestuurder: Shoprite). ( Shoprite nomineer Vrou van die Jaar – Kwêvoël 4 April 2012)
Me Hannetjie Minaar, me Magda van Wyk, me Maryna van der Merwe (kassiere kontrolleerder: Shoprite) en me Marie Steenekamp by hul werkstasie in Shoprite. (Shoprite geskenkies toedraai – Kwêvoël 6 Februarie 2012)
Die komitee-lede van Huis Immergroen, agter van links: Jan Viljoen, Jaco van Vuuren, Fanie Venter, Jan du Toit, Johan du Toit en ds Neville Boy. Voor van links: Marie Steenekamp, Dawie Snyman en ds Albert Boshoff. (Huis Immergroen open sy deure – Kwêvoël 23 Januarie 2012)
Die dames van Northam VLU tydens hul besoek aan die Tambotie Huis vir Verswakte Bejaardes, agter van links: Mari Meintjes, Amanda Meintjes, Marie Steenekamp (Koördineerder van Bejaarde Sorg), Tambotie Huis se kok Lynette Lewis, ‘n werker en Caroline Nguwe (‘n gekwalifiseerde stafverpleegster). Voor: Hannetjie du Plessis. (Northam VLU reik uit na bejaardes – Kwêvoël 11 Maart 2011)
Op die foto is Marie Steenekamp, Sannie Fourie, Lizelle Janse van Rensburg, Drene Hilebrandt, Daniella Janse van Rensburg en agter Angie Gillespie. (Skenking aan Tambotie – Kwêvoël 14 Mei 2010)
Netso was Marie ’n groot dryfveer dat Tambotie Versorgingsoord vir die versorging van verswakte bejaardes reeds vanaf 2007 hulle eerste inwoners kon ontvang. Met Bosveld Oord die enigste selfsorg ouetehuis waar inwoners vir hulleself moes sorg vir etes asook persoonlike higiëne, moes inwoners wat verswak raak en hierdie funksies nie meer self kan behartig nie, oorgeplaas word na buurdorpe weg van familie en vriende, wat wel oor versorgingseenhede beskik het.
Met die daarstelling van Tambotie Versorgingseenheid kon hierdie verswakte bejaardes hier op Thabazimbi geakkommodeer word. Vir etlike maande nadat Tambotie sy deure oopgemaak het, was Marie die bestuurder van die eenheid.
Marie se planne het nie daar geëindig nie. Met Tambotie wat die rol vertolk het met die verswakte bejaardes, het daar het steeds ’n leemte bestaan vir bejaardes wat sorg moet ontvang maar wat nie heeltemal verswak en bedlêend is nie.
’n Vergadering is deur die Bejaardesorg Trust belê om die idee te bespreek. Met slegs R206 000 tot hulle beskikking het die projek net op papier bestaan aangesien die beraamde koste sowat R4,3 miljoen beloop het. Die vergadering wat in Mei 2007 gehou is, het een resolusie aanvaar. Dit was die naam “Huis Immergroen”, die naam wat aan hierdie gedagte op papier toegeken is en wat ook die bal aan die rol gesit het.
Die planne was teen Junie 2007 opgetrek en op 24 Februarie 2009 het Marie self die eerste sooi gespit vir die gebou se fondasies.
Buiten die susterkerke wat hard gewerk het met fondsinsameling, is die hele gemeenskap betrek om die projek ’n werklikheid te maak. Sedert 13 September 2011 toe Huis Immergroen sy deure vir nuwe inwoners oopgemaak het, is dit ’n werklikheid wat ’n noodsaaklike rol in die versorging van die omgewing se bejaardes speel.
Marie was toegewy tot die versorging van die bejaardes. Tog het sy haarself nie die voorreg van versorging toegelaat nie, daarvoor was sy te besig. Gedurende 2012 het sy via Kwêvoël ’n ernstige beroep op die hele bosveldstreek-gemeenskap, so ver as Nylstroom, Ellisras, Leeupoort, Rooiberg, Koedoeskop, Northam, Swartklip en al die ander omliggende gemeenskappe gedoen om betrokke te raak by bejaardes en die versorging van bejaardes.
“Kom ons maak 2012 dié jaar vir ons bejaardes. ryk uit na hulle. Dis ons mense: Pa’s, ma’s, oumas en oupas.”
Marie Steenekamp as koördineerder vir fondsinsameling vir die Bejaardesorg Trust vir Huis Immergroen in Thabazimbi en haar span, was jaarliks gedurende Desember tot kort voor Kersfees, by Shoprite Thabazimbi waar hulle geskenkpakkies teen ’n donasie toegedraai het.
Weens die feit dat sy moeilik geloop het as gevolg van ‘n lastige knie, was sy nie persoonlik teenwoordig tydens verlede jaar se geskenk-toedraai projek nie.
Marie Steenekamp was tot die week voor haar afsterwe steeds aan die gang en sy het een keer per week met haar motor, met Eva langs haar, inkopies gaan doen. Eva moes maar die loopwerk doen terwyl Marie vir haar in die kar sit en wag het.
Marie word oorleef deur haar dogter Emmarie en eggenoot Corrie du Plessis en kinders Cornelius en Marike en kleinkinders Wildrich en Emke asook haar seun Johan en eggenote Annette en hul kinders Anja en Nicolaas en kleinkinders Nicole, Jaco en Lukas-Lodewyk, asook vyf agterkleinkinders. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/18/thabazimbi-se-grootste-kampvegter-nie-meer-nie/ | 2021-04-18 12:09:19 |
Lewendige Vermaak by Khaya Kwa | Nog ’n kunstenaar maak deel uit van die Meimaand program by Khaya Kwa Restaurant en kroeg net buite Thabazimbi. (Oorkant die hoofingang na die Marakele Nasionale Park)
Doringdraad, bekend vir sy grappe op Facebook, gaan op 26 Mei om 18:30 die kunstenaar wees by Khaya Kwa en soos hy bekend is, is sy doel om die gehoor te laat lag. Lag is so broodnodig terwyl ons nog onder die donker wolk van die Covid pandemie beweeg.
Meimaand se vermaak skop af met die Afrikaanse Country sanger, Ray Dylan, op Saterdag 1 Mei. Maak seker en bespreek nou jou plek by 078 794 5896.
Kom vroeg genoeg en geniet een van die spesiale disse op die spyskaart.
Khaya Kwa Specials | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/23/lewendige-vermaak-by-khaya-kwa/ | 2021-04-23 02:37:42 |
Visier op die bosveld verdwyn | Plaaslike verteenwoordiger.
AMANDELBULT – Asof die Bosveld nie alreeds genoeg gehad het van omstrede myn- en nywerheidsontwikkelings in sensitiewe areas nie, het die sogenaamde Indies-genoteerde myngroep, “Bling Shafts”, bekend gemaak dat hulle mynregte verkry het vir die ontginning van ‘n tweeling-diamantpyp naby Amandelbult net buite Thabazimbi.
Die “tweeling”-diamantpype is geleë onder die twee koppies, tussen Northam en Amandelbult, in die volksmond beter bekend as die ‘Pram-koppies’.
Die onlangs aangekondigde planne om ‘n ysterertssmeltery in die sensitiewe area binne die sensitiefste gedeelte van die Waterberg Biosfeer, soos omskryf in die Waterberg Ontwikkelingsplan en soos goedgekeur deur die Waterberg Distriks Munisipaliteit, op te rig, het reeds skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe hierdie bekende visier deur die poort oppad na Thabazimbi daar gaan uitsien indien toestemming verleen word om die diamantpype wat na bewering onder die koppies ontdek is te myn. ‘n Letsel sal gelaat word wat op geen kosmetiese manier weer tot sy vorige glorie herstel kan word nie.
Hierdie nuutste aankondiging laat jou met oop-mond verwondering staan oor die blatante manier waardeur die Suid-Afrikaanse nasie se erfenisse, so te sê uit die volk se mond geruk word.
Die amptelike aankondiging van die ontwikkeling van hierdie diamantmyn is onlangs, tydens die afgelope Indiese Mynmagnaat toekennings in New Deli, hoofstad van Indië gemaak. Die geleentheid is ondermeer deur die bekende mynmagnaat en Indiese verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering, wat nou permanent in Dubai woonagtig is, bygewoon.
Seismologiese-tegnieke is blykbaar gebruik om die direkte ligging van die diamantdraende pype te bepaal. Die ontdekking van die tweelingpype, of soos in die toekoms bekend sal staan as die “Bling-Bling” pype, was ‘n tegnologiese deurbraak. Dit het geen impak op die omgewing gehad nie aangesien alles deur middel van die sogenaamde “GLITTER”-tegniek (Geological Lateral Impact Twitter Tweeter External Router-tegniek) via satelliet gedoen is.
Hierdie twee koppies is reeds van voor die ontdekking van ystererts in Thabazimbi ‘n bekende baken, en visier op die Bosveld, vir die jagters met hul groot jagsgewere op-pad na die wild anderkant die Vlieggeberge waar Tsetse-vlieë die beeste met slaapsiekte oorval het.
Selfs President Paul Kruger was nie onaangeraak deur die skoonheid van hierdie koppies op-pad na sy gunsteling jagtersveld, Kwaggasvlakte tussen die huidige Thabazimbi dorp en die Marakele Nasionale Park, wat hy self so vernoem het nie. Hierdie landmerk in die dorre bosveld, waar die jagters maar net kon droom van die twee heuwels en een vallei wat hom van sy dors om te jag kan bevry, is dalk nou iets van die verlede.
Die ontwikkeling van hierdie nuwe diamantmyn sal beslis die ster op die Indiese kroon in Suid-Afrika plaas.
Lees Meer | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/01/visier-op-die-bosveld-verdwyn-2/ | 2021-04-01 04:31:43 |
Thabaskuts presteer met Nasionale Veldboogskietkompetisie | Skuts van Thabazimbi Boogklub het uitestekend tydens die afgelope SANIFAA Nasionale Veldboogskietkompetisie presteer.
Die kompetisie is vanaf Saterdag 20 Maart tot Maandag 22 Maart op Thabazimbi se uitstekende veldboogbaan aangebied. Sowat 78 deelnemers van dwarsoor die land het aan hierdie kompetisie deelgeneem.
Die eerste pyle is reeds Saterdagoggend afgeskiet en Thabazimbi Boogklub kon behoorlik spog met hulle huidige en voormalige skuts wat aan die kompetisie deelgeneem het. Hoërskool Frikkie Meyer se eie boogklub het ’n aktiewe aantal boogskuts en nie minder nie as twaalf van hierdie skuts het vir die kompetisie ingeskryf.
Die kompetisie het oor drie dae gestrek met drie rondes elke dag. Dit het bestaan uit die Veld swart-en-wit teikens, die Jagter (hunter) met slegs swart teikens en ’n klein wit sirkeltjie wat die middel van die teiken aandui asook ’n twee-dimensionele diereteiken met die hart wat 20 punte tel teenoor 18 vir die res van die lyf.
Goeie skuts poog om voltellings op die diere-teikens te skiet wat neerkom op 28 pyle op die hart wat 20 punte werd is. Hierdeur word die room van die res geskei.
Die seniormans begin op ’n afstand van 80 jaart (sowat 72 meter) terwyl die res 70 jaart (sowat 64 meter) vanaf die teiken hulle pyle afskiet.
Kruger van Zyl (Thabazimbi Boogklub), regs, en Charl van Heyningen wat beide in die Young Adult Kategorie aan die kompetisie deelgeneem het.
Bianca Coetzee, voorheen lid van Thabazimbi Boogklub en no woonagtig in Potchefstoom, het goud in haar kategorie verower. Op die foto lê sy aan na ’n 2-Dimensionele diereteiken.
Lourens Nel van Middelburg in Mpumalanga en lid van Archers Edge Boogklub in Pretoria, korrel fyn na die 80 jaart teiken op die oefenbaan tydens die Nasionale Boogskiet kompetisie wat deur Thabazimbi Boogklub as gasheer aangebied is. Lourens skiet in die VMBU (Veteran Male Bowhunter kategorie) vir mans b0 55 jaar.
Verskeie jonger skuts het in die oorbruggingsklas (17-18 jaar na die Manne klas) deelgeneem. Hier behaal Kruger van Zyl (Thabazimbi Boogklub – leerling van HFM – Goud), Charl van Heyningen (Archers Edge Pretoria – Silwer) en Edwin Nel (Thabazimbi Boogklub – Leerling van Neos Christian School – Brons). Hulle het in die Jongmans Boogjagter onbeperkte afdeling (Young Male Bowhunter Unlimited) saam met die mans op 80 jaart as verste teiken begin skiet.
Beide Kruger en Charl het tydens die Nasionale Boogskietkompetisie in die Jong Volwasse klas (Young Adult) deelgeneem met afstande tot 80 jaart.
HFM boogklublede wat in die Junior Male Bowhunter Unlimited Klas aan die kompetisie deelgeneem het saam op die podium van links: Ruvan Bornman (brons), Aart Broekhuizen (silwer) en Eric Coetzee (goud).
Die drie jong manne wat in die Young Male Bowhunter Klas aan die kompetisie deelgeneem het van links: Edwin Nel (brons), Charl van Heyningen (silwer) en Kruger van Zyl (goud).
Die wenners van die Junior female Bowhunter Unlimited Klas is van links: Shanel Furstenburg (brons), Meagan Shamrock (silwer) en Maya Broekhuizen (goud). Hulle het op afstande van 50 jaart (47 meter) geskiet.
Bianca Coetzee (Kleynhans), stigter van die HFM Boogklub terwyl sy by HFM skoolgehou het, is nou in Potchefstroom woonagtig. Sy het haar Almal Mater kom besoek en goud in haar kategorie losgeskiet.
Die kompetisie is in is drie moeilike dae aangebied met die son wat behoorlik op deelnemers neergebak het. Thabazimbi Boogklub kan as gasheer met trots terugkyk op die Nasionale Veldboogskietkompetisie wat hier plaaslik op hul uitstekende baan aangebied is.
Thabazimbi Boogklub is ’n sosiale skietklub wat elke Dinsdagaand om 18:00 by die Koos Cronjé skietbaan vergader. Hulle verwelkom besoekers wat graag ook hierby betrokke wil raak. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/06/thabaskuts-presteer-met-nasionale-veldboogskietkompetisie/ | 2021-04-05 23:59:07 |
Aggressiewe kanker eis getoë Thabazimbiër | Een van Thabazimbi se langslewende inwoners, Tom Miller (67), is Woensdag 7 April oorlede na ’n baie kort siekbed, slegs agt weke nadat hy met pankreaskanker gediagnoseer is.
Rachel, sy eggenote, vertel dat Tom ’n baie aktiewe lewe gelei het voordat hy aan die begin van Februarie vanjaar met pankreaskanker gediagnoseer is. Hy is daarna in die Groenkloof Hospitaal (voormalige Little Company of Mary Hospitaal) opgeneem vir ’n biopsie. Tydens die operasie is gevind dat die kanker reeds in ’n gevorderde stadium was, te laat vir enige verdere behandeling.
Rachel sê dat die kanker na ondermeer die lewer versprei het en hom van alle krag gedreineer het. Hy was slegs vir die vier laaste dae voor sy afsterwe bedlêend en is in sy bed oorlede.
Tom het as ’n Graad I-leerling saam met sy ouers vanaf Bronkhorstspruit na Thabazimbi verhuis waar sy pa ’n pos by die Yskormyn aanvaar het. Hier by Laerskool Thabazizmbi het hy sy laerskoolloopbaan as Gr II leerling begin.
Tom het na die voltooiing van sy STD 8 jaar (Gr 10) aan Hoërskool Frikkie Meyer hom as vakleerling by Yskormyn ingeskryf en sy verdere opleiding deur die tegniese kollege voortgesit om as ambagsman te kwalifiseer.
Tom het as ambagsman by die ertsaanleg (Plant) gewerk. Hier het hy homself opgewerk tot Produksie voorman en geëindig as Ingenieursvoorman: Instansie by die aanleg, ’n posisie wat hy beklee het totdat hy met pensioen uit diens getree het gedurende 2014.
Beide Tom en Rachel se ouers het hulle gesinne hier in Thabazimbi grootgemaak en beide ouerpare het hulle op die Spitskop kleinhoewes net buite die dorp gevestig. Tom en Rachel het mekaar reeds vanaf skooldae geken.
Die twee se paaie het weer gekruis en op 13 Desember 1975 het hulle die knoop deurgehaak, in die huwelik getree en hulle permanent op Thabazimbi gevestig.
Tom en Rachel met vakansie.
Tom, lewenslange inwoner van Thabazimbi, wat Woensdag 7 April oorlede is na ’n kort siekbed.
Tom en Rachel.
Tom en sy seuns Tommie, Francois en Cilliers saam op die Thabazimbi gholfbaan.
Tom en Rachel saam met hulle kinders van links: Tommie, Cilliers en Francois.
Uit die huwelik is vier seuns gebore waarvan die jongste, Bertus op die ouderdom van 19 jaar, vyftien jaar gelede tragies in ’n motorongeluk gesterf het.
Tom was welbekend vir sy watersuiwering-stelsels wat hy as tydverdryf sedert 2004 by huise geïnstalleer het en gereeld gediens en filters vervang het. Dit het gegroei tot ’n selfstandige besigheid wat hy bietjie meer as ’n jaar gelede van die hand gesit het.
Gedurende die laaste 10 jaar het hy weer, op aandrang van die seuns, gholf as sport opgeneem en een van die klub se ywerigste aktiewe lede geword. Hy was ook lid van Sages en vir die voorafgaande vier jaar het hy die NG Kerk Thabazimbi se gereelde Gholfdag georganiseer.
Dit was dan ook heel toepaslik dat die Gedenkdiens Donderdag 15 April by die Thabazimbi Ghofklub deur ds Tinus Benadé gelei is. Die res van die verrigtinge is ook daar afgehandel.
Tom los beslis ’n leë plek in die gemeenskap en sal deur familie en vriende gemis word. Hy word oorleef deur sy eggenote Rachel en seuns, Francois en eggenote Elsabé en kinders Lua en (klein)Tom, Cilliers, Tommie en sy eggenote Cindie en kinders AJ, Charné en Lize. | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/19/aggressiewe-kanker-eis-getoe-thabazimbier/ | 2021-04-19 12:58:32 |
Kyk: Voetspore in Suid-Afrika 2 | Die reis begin in die noordoostelike uithoek van die land by die samevloeiing van die Limpopo- en Luvuvhurivier. Na ‘n tydjie in die Kruger Nasionale Park reis die span suid in Makuya op die Luvuvhu 4×4 roete en besoek dan die Ivory Route se kampe by Baleni en Letaba Ranch. Kyk op YouTube
Related | https://www.kwevoel.co.za/2021/04/22/kyk-voetspore-in-suid-afrika-2-episode-1/ | 2021-04-22 10:57:25 |
‘Bep sâg fernúvverd dat pake Rînse met kûnstgebit deuze sachte wêrme trompybôl jussys wegkrije kon’ | Janny Lautenbag winner Bildtse pangrampriisfraag
‘Bep sâg fernúvverd dat pake Rînse met kûnstgebit deuze sachte wêrme trompybôl jussys wegkrije kon’
’n Stikminnig weken leden het Bildts Aigene froegen wie’t ’t mooiste (en kortste) Bildtse pangram skrive kon: ’n soa kort en orizineel mooglik sintsy der’t alle letters fan ’n taal in foorkomme, krekt as ’t Ingelse ‘the quick brown fox jumps over the lazy dog’. In ’n Bildts pangram motte der dus de 31 karakters a, â, b, c, d, e, ê, f, g, h, i, î, j, ij, k, l, m, n, o, ô, p, r, s, t, u, ú, û, v, w, y en z in sitte.
Janny Lautenbag met hur pangram op ’t broadbôrd.
Wij hewwe heel wat mooie insturings binnenkregen, goenent heel kort, ânderen weer wat langer, ok satten d’r ‘n paar tussen die’t spitig genog niet alle karakters hadden, maar de sjuryleden (Bauky Luinstra, Jan de Groot en Cees Krottje) hewwe d’r och soa fan genoaten.
Nou het ’t even duurd foor’t de útslag en de priis d’r waren, maar de winner fan ’e priisfraag is Janny Lautenbag út Menaam, met hur pangram:
Bep sâg fernúvverd dat pake Rînse met kûnstgebit deuze sachte wêrme trompybôl jussys wegkrije kon.
Niet de kortste fan ’e pangrammen die’t wij binnenkregen hewwe (48 karakters), maar kort genog, ’n prot Bildts taalaigene, en “je sien ’t soa foor je”, neffens de sjury. Sij het fan Bildts Aigene ’n prachtig broadbôrd kregen met hur aigen pangram d’rop!
Janny worde op de foet folgd deur nag drie ândere prachtige pangrammen, die’t ’t fansels ok ferdiene om noemd te worren.
Joviale mînsen fulle brúnne rônde glâzen met ’n wêrm koppy brij en rechte rûg
(mooi kort en hest poëtys; at wij niet beter wisten, hadden wij nag dinke kinnen dat ’t ’n bestaand sechy waar – fan Sytse Keizer),
Die seuven frôly út de Wijk mâne lache om ’n bêzje mîg op ’e brûg (met Nederlânse plaknaam d’rtussen maar de alderkortste fan ’e insturings – fan Jeroen Slager),
en Op myn frije dâg laai die núvvere swerfhônd op ’e rûg op ’t sachte útfanhúzzersbêd intîns te janken (‘n tikkeltsy langer, maar ok met tipys Bildtse woorden en mooi beeldend — fan Simone Dijkstra).
Ok wouwen wij een fan ’e fijf (!) pangrammen fan Sjoerd Schaaf jim niet onthouwe:
Bij búrman sâg ik dînsdegs op ’e tillefizy wrachtig seuven frôly op ’n kêde. Se joegen achter ’n mûd an. Bitsy an ’e langere kant èn bestaat út twee sinnen, maar wel och soa mooi fonnen.
Bij eandsybeslút: wij hadden fansels graag alle insturings in dut stikky opnommen, maar de sjury wil jim in elk gefâl allegaar och soa bedanke foor jim prachtige kreäsys. Hulde!
Bildts Aigene | https://www.bildtsepost.nl/bildtsepost/nieuws/bep-sag-fernuvverd-dat-pake-rinse-met-kunstgebit-deuze-sachte-werme-trompybol-jussys-wegkrije-kon | 2021-04-14 15:43:00 |
De Bock solliciteert voor de Goal van de Week met botsbal | Wuyts over Wielermanager: "Zij die er iets van weten scoren meestal laag in die competitie" | https://sporza.be/nl/2021/04/05/de-bock-solliciteert-voor-de-goal-van-de-week-met-botsbal~1617658523381/ | 2021-04-05 00:00:00 |
Moet geliefs nie gryswater in jou tuin gebruik nie | Moet geliefs nie gryswater in jou tuin gebruik nie
Omvattende studie oor effek van wasmasjienwater op grond
As deel van die projek is grondmonsters in en om Kaapstad en Stellenbosch ingesamel. Aan die werk is (van links) nagraadse assistent Vivian White, dr. Ailsa Hardie van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Grondkunde, en Ncumisa Madubela wat verlede jaar haar MSc-graad in Grondkunde aan die US oor die onderwerp behaal het. Foto US
Dink twee keer voordat jy jou tuin natlei met die gryswater afkomstig van jou wasmasjien: Dis nie goed vir die einste grond waarin plante moet groei nie. As jy nie anders kan nie, gebruik eerder vloeibare wasmiddels as waspoeier, want dit werk ’n raps sagter met grond.
Dis die boodskap van grondkundiges aan die Universiteit Stellenbosch (US) ná hulle die eerste omvattende studie ooit oor die effek van gebruikte wasgoedwater op die toestand van grond voltooi het.
Die studie in die vaktydskrif Journal of Hydrology is gelei deur dr. Ailsa Hardie van die Departement Grondkunde in die US Fakulteit AgriWetenskappe. Dis gebaseer op die MSc-navorsingswerk van een van die mede-skrywers van die studie, me. Ncumisa Madubela, wat in Maart 2020 gegradueer het.
Die hergebruik van wasmasjienwater kom algemeen voor, omdat dit redelike volumes water verskaf en omdat dit anders as byvoorbeeld badwater maklik is om tot in ’n tuin te herlei. Hierdie bron van gryswater het egter sy nadele, sê die navorsers.
“Talle Kaapenaars het met die onlangse droogte en die naderende Dag Zero hul bes gedoen om gryswaterstelsels in plek te sit om hul tuine met wasgoedwater nat te lei. Daardeur kon hulle sommige plante aan die lewe hou. Die hergebruik van wasgoedwater is egter nie tot voordeel van die grond waarin hulle geplant is nie,” sê Hardie.
“Dieselfde chemikalieë in wasgoedskoonmaakmiddels wat kolle en vuiligheid van klere afhaal, stroop ook voordelige humus uit die grond weg. Humus is die beste organiese bestanddeel in grond, en dra by tot die gesondheid, vrugbaarheid en waterbergingsvermoë van grond,” verduidelik hy.
Weens hierdie “stropingseffek”, versprei die kleipartikels in grond. Dit blok die porieë in grond. Weldra vorm ‘n kors bo-op die oppervlak wat die grond seël. “Dit maak dit moeilik vir water om in die grond in te dring. Heelwat water loop net weg en gaan in die proses verlore wanneer dit reën of wanneer jy jou tuin natmaak. Eintlik is jy dan besig om water te mors, want oor tyd heen dring bitter min van die water wat jy vir jou tuin gee die grond in om plantwortels te bereik,” verduidelik sy.
Die geblokte grondporieë belemmer ook die waterhouvermoë van grond. Dit beteken dat in droogtetye die grond uitdroog. Die grond word toenemend brak en alkalies. “Plante kan nie in sulke grond floreer nie, en sukkel om water en ander belangrike voedingstowwe daaruit op te neem,” verduidelik Hardie verder. “Die agteruitgang van grond vind plaas vanaf die eerste keer wat dit met wasgoedwater natgelei word. Met verloop van tyd raak dit baie moeilik om ooit te herstel.
“Uit die aard van hul samestelling is dit logies dat die wasgoedskoonmaakmiddels wat in gryswater oorbly ook grond sal afbreek en sal stroop,” voeg Hardie by. “Moet liefs nie gryswater wat wasgoedpoeier bevat gebruik om grond mee nat te lei nie, want dit breek grond grootskaals af. Vloeibare wasgoedmiddels is beter om te gebruik, maar steeds in matigheid.”
Op grond van hul bevindinge stel die navorsers voor dat mense nie sonder meer gryswater wat wasgoedpoeier bevat gebruik om tuine mee nat te maak nie. Vloeibare wasgoedmiddel is minder skadelik, maar die korttermyn winste in terme daarvan om ’n maklik beskikbare bron van besproeiingswater te hê moet opgeweeg word teenoor die kummulatiewe negatiewe impak wat die herhaalde gebruik van sulke gryswater het op grondkwaliteit en die vermoë om droogtes te deurstaan.
Op grond van ongepubliseerde data, reken Hardie dis veel beter vir grond (en dus vir die plante wat daarin groei) om eerder stort-, bad- en selfs kombuiswater te hergebruik. Dis omdat sulke gryswater nie noodwendig soveel aggressiewe chemikalieë bevat wat die grond afbreek nie. | https://www.we.com.na/news/moet-geliefs-nie-gryswater-in-jou-tuin-gebruik-nie2021-04-20/ | 2021-04-20 00:00:00 |
Dan Eilat Red Sea Hotel | Dan Eilat Red Sea Hotel החוף הצפוני אילת ת.ד 176, Eilat, 88101, Israel
Photo courtesy of Dan Hotels | https://www.afar.com/places/dan-eilat-hotel-eilat | 2021-04-20 13:58:34 |
Ağstafada avtomobil aşıb - VİDEO | https://report.az/hadise/agstafada-avtomobil-asib/ | 2021-04-05 16:14:29 |
|
LEES JOU PLAAS MET DIÉ SLIM STELSEL | This post is also available in: English
Moderne boerdery behels ook toerusting wat “slim” van aard is. Soos landboutegnologie in Suid-Afrika vorder, word hierdie toerusting ook meer algemeen aanvaar. Hierdie aanvaarding van moderne werktuie en toerusting, beteken dat produsente toenemend wêreldklastegnologie soos The Climate Corporation se Climate Fieldview™ inspan om presisieboerdery toe te pas.
Al hoe meer van hierdie tegnologieverskaffers betree die Suid-Afrikaanse mark, wat goeie nuus is, aangesien dit voldoen aan kommersiële produsente se behoefte om in die wêreldmark te kan kompeteer. Wat werklik hierdie tipe toerusting en tegnologie afrond, is die feit dat dit vir die produsent data verskaf wat nie so toeganklik was in die verlede nie, of moeilik was om te analiseer vir gebruik in besluitneming.
Wat dié tegnologie veral verbruikersvriendelik maak, is die toepassings op slimfone en tablette wat met die werktuie en moniteringstoerusting skakel en die inligting dus direk aan die boer of operateur beskikbaar stel.
Daar is reeds verskeie produkte beskikbaar wat trekkers en werktuie “slimmer” kan maak, maar dit is in talle gevalle baie duur, en elke trekker en werktuig moet met sy eie slimtoestel toegerus word. Die oordrag van data is ook ՚n beslommernis, veral as dit met ՚n dataduim (USB-stokkie) van die betrokke werktuig afgelaai moet word voordat die inligting n ՚n rekenaar oorgedra word. Hierna moet die boer diksels vir homself sigblaaie bou om die inligting te verwerk en sin te maak van die data. Dit is ՚n omslagtige en tydrowende proses.
Daarom is Climate Fieldview™ ՚n platform wat produsente se besluitneming en bestuur sal vergemaklik en vereenvoudig. Die stelsel laat jou toe om inligting van byna alle toerusting met die nodige elektroniese hardeware op die plaas in te samel, ongeag van die fabrikaat, en berg alle inligting op een sentrale plek.
Die inligting word ook in ՚n visuele, verstaanbare formaat gelewer sodat die boer nie nodig het om na die tyd nog ure lank met sigblaaie hoef te sukkel nie.
Al wat die boer nodig het vir die stelsel om doeltreffend te werk is die Climate FieldView™ Drive wat in die trekker se kajuit ingeprop word, en ՚n iOS-tablet wat deur “Bluetooth” met die Climate FieldView™ Drive skakel. Historiese data kan ook ingevoer word. Die Climate FieldView™-toepassing waarmee al die inligting vir die boer verwerk en sigbaar gemaak word, kan van die internet afgelaai word.
՚n Een-jaar-toetsprogram as proeflopie, is beskikbaar, waarna die hernuwing van die programlisensie gefaktureer sal word. Alle kostes en inligting is op die webtuiste www.climatefieldview.co.za beskikbaar.
SÓ WERK DIE STELSEL
Bayer het op onlangs in Pretoria ՚n bekendstelling gehou wat ook regstreeks aanlyn beskikbaar uitgesaai is om meer inligting oor die Climate FieldView™-stelsel te verskaf.
Die aanbieding het gewys hoe inligting deur die Climate FieldView™ Drive ingesamel word terwyl die werktuie deur die landerye beweeg. Hierdie inligting is dan dadelik deur middel van die toepassing op die Apple Ipad vir die boer sigbaar. Die boer kan een so ՚n stelsel aanskaf en dit sonder moeite skuif tussen werktuie, byvoorbeeld van die planter, na die na die stroper of trekker sonder om enige hulp van ՚n tegnikus te kry.
Alle inligting wat ՚n boer benodig om goeie besluite vir sy boerdery te neem word dan op ՚n visuele, maklik verstaanbare manier vertoon met behulp van kaarte. Hoe meer inligting in die platform gevoer word, hoe beter die prentjie wat geskets word van die stand van sake in landerye.
Dié kaarte kan verskillende lae wys sodat die boer alles, van die wisseling in grondtipes, tot die plantdigtheid en kunsmistoediening op een skerm kan sien. Onder andere kan grondmonsterdata ook ingevoer word om jou grondpotensiaal aan te dui. Daar word ook weeklikse satellietfotos na die stelsel gestuur sodat die boer kan sien hoe die plantestand in die middel van die landery lyk.
Wat hierdie stelsel nog beter maak, is dat die boer al hierdie inligting met ՚n landboukundige span kan deel indien hy sou wou. Die lanboukundiges en ander adviseurs kan hierdie inligting gebruik om die boer te help om sy eie, unieke voorskrifkaarte te skryf vir die hoeveelheid saad wat geplant moet word om die gewensde stand te kry vir ՚n betrokke deel van die landery. Dit help ook om te bepaal wat die hoeveelheid kunsmis is wat toegedien moet word om die gewasse sonder vermorsing te voed.
Hierdie voorskrifkaarte pas aan by elke deel van die plaas na gelang van die verskillende grondtipes en ander faktore wat ՚n rol mag speel.
Soos met enige sagteware, is daar funksies wat mettertyd opgegradeer moet word. Om aan die voorpunt van tegnologie te bly het The Climate Corporation die Climate Fieldview™-stelsel so ontwikkel dat dit jare lank toepaslik sal bly danksy opdaterings.
NAVRAE
Om meer uit te vind oor hoe Climate FieldView™ jou kan help om ՚n beter oog op jou plaas te hou, kontak jou naaste Bayer Crop Science-tak of besoek die webwerf www.climatefieldview.co.za / www.bayer.co.za / www.dekalb.co.za | https://www.proagri.co.za/lees-jou-plaas-met-die-slim-stelsel/ | 2021-05-13 13:07:55 |
Trekkerverkope styg met 27% | This post is also available in: English
Trekkerverkope van 540 eenhede in April is byna 23% meer as die 440 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% meer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
In April is 43 stropers verkoop, 23 eenhede meer as die 20 eenhede wat verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 29,0% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Die oes van somergewasse is in volle gang in sekere gebiede. Aanvanklike aanduidings is dat die opbrengste goed is, maar in sekere gevalle kon laat reënval en vroeë ryp die gehalte van die oeste benadeel het. Die uitstekende stroperverkope in April weerspieël die rekord-oeste en na aan rekord-oeste vir die somergewasse wat geoes moet word.
Algehele verkope van landboumasjinerie het begin verbeter in die derde kwartaal van 2020 en sedertdien bly die tendens toenemend. Die tendens sal waarskynlik later vanjaar traer word. Die ramings vir die 2021-kalenderjaar bly nietemin bemoedigend, met trekkerverkope wat waarskynlik tot 15% hoër kan wees as in 2020.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | https://www.proagri.co.za/trekkerverkope-styg-met-27/ | 2021-05-05 22:56:20 |
TLU SA Jongboere moedig landbou aan om georganiseerde strukture te ondersteun en die bedryf te versterk | This post is also available in: English
TLU SA het boere regoor die land tydens die onlangse Jongboerkonferensie sterk aangemoedig om by georganiseerde landboustrukture aan te sluit om die uitdagings wat die bedryf ervaar, saam aan te pak.
Die Jongboerkonferensie word jaarliks aangebied, maar moes verlede jaar as gevolg van die inperking afgestel word. Vanjaar is die konferensie fisies by die hoofkantoor in Silverton, Pretoria aangebied en regoor die land gestroom via die Zoom-platform. Groot groepe jong boere het bymekaar gekom en die verrigtinge regstreeks oor hulle skerms gevolg. Die TLU SA Jongboerkonferensie 2021 is in samewerking met die borge Santam Landbou, Nedbank, NWK, die Solidariteit Beweging, Agri All Africa, Obaro en die LWO Werkgewersorganisasie aangebied.
Die tema van vanjaar se konferensie, Die waarde van ‘n boer is deur al die sprekers beklemtoon.
TLU SA se hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl het die waarde van boere onderstreep deur te verwys na hoe landbou dwarsdeur die Covid-19 inperking voedsel aan die land verskaf het, onder baie moeilike omstandighede. Hy het gesê dat landbou die enigste bedryf was wat tydens hierdie tye gegroei het, maar dat dit ook die bedryf is wat verskeie uitdagings ervaar wat die voortbestaan van landbou en boere bedreig. Hy het boere bedank vir hulle bydrae tot die land maar ook gemaan dat hulle die Godgegewe grond verantwoordelik en winsgewend moet bestuur.
“Ons mag ons koppe hoog hou en ons moet ons koppe hoog hou. Maar gemeenskappe moet hande vat en bou en konstruktief wees in die omgewing. Ons moet saam staan,” het hy gesê.
Tydens die konferensie is ook ooreengekom dat die bestaande Jongboerkomitee met hulle taak sal voortgaan sonder om van bestuur te verander. Die voorstel is sonder teenkanting aanvaar.
Die voorsitter van die TLU SA Jongboerkomitee, mnr. Henna du Plessis het jong boere op sy beurt ook aangemoedig om by georganiseerde landbou aan te sluit. Hy het die waarde van ‘n organisasie soos TLU SA beklemtoon deur na sy eie ervaring te verwys. TLU SA het hom ondersteun om finansiering te kry nadat hy op sy eie nie daarin kon slaag nie as gevolg van die Landbank se wanbestuur. Deur die TLU SA-netwerk het hy ook die ondersteuning van die LWO Werkgewersvereniging met arbeidskwessies waarmee hy nou te doen het.
“Dit is nodig om ‘n ondersteuningsnetwerk te hê as boere. Sluit aan by TLU SA,” het hy gesê. (Kyk gerus ook na hierdie episode van Landbouspore waar hy uitbrei oor die komitee se vooruitsigte vir die jaar)
Die hoogtepunt van die konferensie was ‘n aanbieding van TLU SA se Jongboer van die Jaar 2020, mnr. Danie Bester oor die gebruik van presisie tegnologie in landbou. Hierdie tipe boerdery is daarop gemik om winsgewendheid te verhoog deur tegnologie in te span om sodoende hulpbronne optimaal te benut. Die volledige aanbieding sal binnekort op TLU SA se webwerf beskikbaar gemaak word sodat ander jong boere van die inligting gebruik kan maak.
Die konferensie is afgesluit deur die president van TLU SA, mnr. Henry Geldenhuys. Hy het jong boere aangemoedig om as ‘n kliphoeksteen sterk te staan in die gemeenskap. “Jongboere, landbou het jou nodig,” het hy gesê.
“Jy is die toekoms van landbou, maar jy het ook ‘n landbou organisasie nodig en dit is TLU SA. Raak betrokke, dit is jou spreekbuis. Jong boer, jy het waarde in die voedselwaardeketting.”
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-jongboere-moedig-landbou-aan-om-georganiseerde-strukture-te-ondersteun-en-die-bedryf-te-versterk/ | 2021-05-14 14:08:43 |
ProAgri 255 | This post is also available in: English
Die winter is op ons! Die draai van die seisoen maak dat almal weer verwarmers aanskakel of kaggels aansteek. Die ekstra komberse en dik jasse word ook nadergetrek. Maar vir die boere is daar ook ander kenmerke wat so eie is aan die koue seisoen.
Dis strooptyd, jagtyd en sop-en-bredietyd. Die stropers is al ՚n geruime tyd van vroegdag tot laatnag besig om die oes van die land af te kry.
Sommige boere het die afgelope jaar blink nuwe stropers aangeskaf om
hierdie taak makliker en vinniger klaar te kry. Lees gerus die berig op bl 10 oor die nuwe Fendt-stroper van die AGCO-stal.
Die jagters kan weer uitsien na die veld, die jagtog en die stories om die kampvuur, veral omdat soveel jagtogte verlede jaar in die wiele gery is deur die COVID-19-inperkings. Wildboere het maar swaar deurgeloop aangesien hulle ook deel van die toerismebedryf is, wat meer as ՚n jaar later nog steeds nie behoorlik kan voortgaan nie.
Suid-Afrikaanse wildboere en Suid-Afrikaanse jagters sal na mekaar se behoeftes moet begin omsien om te sorg dat die bedryf kan voortbestaan. Weerkundiges is dit eens dat ons vanjaar weer ՚n behoorlike, koue winter gaan hê. Boere moet voorbereid wees op ryp in die dele van die land waar dit gewoonlik voorkom.
Die koue winter bring ook kommer vir die mense van Suid-Afrika wat hulleself moet staal teen die derde golf van COVID-19 gevalle. Die regering
maan die publiek om by die regulasies te hou om die verspreiding van die
virus te voorkom.
Wanneer die winter hierdie jaar aan jou jaspunte pluk, kan jy gerus die
jongste ProAgri nader trek en snoesig voor die kaggel sit met ՚n koppie boeretroos. Lees ook die jongste ProAgri-uitgawe op jou slimfoon of rekenaarskerm by www.proagri.co.za.
Jy hoef ook nie onnodig aan mense blootgestel te word in besige koöperasies en winkelsentrums nie. Alles wat jy nodig het, is op www.Agri4all.com beskikbaar.
ProAgri-groete
Jaco Cilliers- jaco@proagri.co.za | https://www.proagri.co.za/proagri-255/ | 2021-05-12 16:44:06 |
VL ondersteun Nersa in opponering van Eskom-hofaansoek | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) het in ‘n verklaring gesê dat hulle die nasionale energiereguleerder, Nersa, se mediaverklaring van 10 Mei 2021 ten volle ondersteun. In die verklaring versoek Nersa dat alle belanghebbendes hulle steun om die hof se hersiende aansoek teen te staan.
“Ons is van mening dat die hofbeslissing in die guns van Eskom, om pryse hoër as inflasie te verhoog, die landbousektor beslis negatief sal beïnvloed met verhoogde voedselpryse en werksverliese as die gevolg.” het Francois Wilken, president van VL, gesê.
VL het vroeër voorleggings aan Nersa gemaak tydens al die openbare verhore wat in die Vrystaat gehou is, oor die aansoek van Eskom om tariefverhogings.
Die organisasie het telkens die volgende feite beklemtoon:
Die vaste kostekomponent van rekeninge is onbekostigbaar vir boere, veral kleinboere en familieboere, wat die grootste deel van VL lede uitmaak, en moet vrygestel word van die verhogings. Dat die verbruiker nie die swaarste hoef te dra vir Eskom se slegte beplanningsbesluite nie; hoër energieverkope te verwag terwyl die beurtkrag verhoog en verbruikers forseer word om eie energie-oplossings, rugsteunkrag en energiebesparingstegnologie te installeer. Dat die landbousektor as prysnemers nie net hoër as inflasieprysstygings van Eskom in die gesig staar nie, maar ook die verhoogde arbeidskoste weens die nasionale minimum loon, die verhoging van brandstofkoste deur brandstofbelasting, ens., Dit alles maak sekere produksies energie (en arbeids) intensiewe ondernemings wat nie lewensvatbaar is nie en kan op die langtermyn tot werkverminderings in die sektor lei asook voedselprysinflasie. Dat die blatante korrupsie wat by Eskom plaasgevind het, nie deur die verbruikers herwin en betaal moet word nie.
“Vrystaat Landbou verwelkom dus Nersa se ferm benadering in die besluit om die hofaansoek wat deur Eskom teen Nersa geloods is, op hersiening te neem en die energie reguleerder se besluit ten opsigte van die goedkeuring van ‘n regulatoriese terugwerkende aansuiweringsaansoek (RCA) balans van R13,271 miljard vir die 2018/2019 finansiële jaar asook die bykomende besluit om Eskom se aanvullende inkomste balans van R1,288 miljard ten opsigte van die 2018/2019 finansiële jaar toe te staan, tersyde te stel.” sê Wilken. | https://www.proagri.co.za/vl-ondersteun-nersa-in-opponering-van-eskom-hofaansoek/ | 2021-05-16 17:07:42 |
Klimaat en Landboutoestande No 52 - Mei 2021 | This post is also available in: English
Deur: Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS)
Belangrike inligting
‘n Koue en nat winter word verwag vir die Wes- en gedeeltes van die Ooskaap.
Baie min winterreënval met ‘n hoë veldbrandgevaar word verwag vir die Somerreënvalgebied.
Huidige toestande
Ondergemiddelde reënval het oor die grootste deel van die land gedurende Maart en April 2021 voorgekom hoofsaaklik as gevolg van die La Nina-verskynsel wat verswak het sedert die tweede deel van Februarie 2021. Die verwagting was dat die La Nina wat in die lente van 2020 ontwikkel het, sou voortduur tot in April 2021 maar dit het vinnig verswak om in ‘n neutrale fase van see-oppervlaktemperature van die Nino-gebiede in te gaan. Dit is tans steeds stewig in die neutrale reeks van plus/minus 0.5°C vanaf gemiddeld.
Daar was egter ‘n bietjie reën in die laaste paar dae van April oor die sentrale tot oostelike dele van die land wat gewissel het tussen byna niks tot meer as 50mm. Areas of distrikte wat die meeste reën gekry het was Richardsbaai in KZN (50mm), Queenstown (50mm) en Elliot (40mm) in die Ooskaap, Kroonstad (31mm), Ventersdorp (30mm), Kimberly (30mm), Fouriesburg (30mm) en Koppies (30mm).
Swaar reën tot meer as 300mm wat plek-plek vloede veroorsaak het, het voorgekom in die eerste week van Mei oor dele van die Suidkaap. Tot 80mm het voorgekom in die baie droë Langkloof en meer as 100mm in die Bonnievale area. Min of geen reën oor die suidelike dele van die Ooskaap waar rampdroogtetoestande steeds heers nie.
Die droër toestande in die Somergraangebied is oor die algemeen verwelkom want dit kan die oesproses versnel en dit is veral soja-, droë- en grondbone sowel as sonneblom en vroeë aanplantings van mielies wat hierby baat. Die gebrek aan reën gedurende Maart en April was egter nadelig vir veldtoestande met gras en ander plante wat vinnig uitgedroog het en wat ‘n laer voedingskwaliteit veroorsaak. Dit het ook die veldbrandrisiko verhoog vir die winter en lente met baie brandbare materiaal wat reeds vroeg brande kan veroorsaak.
Die vlakke van bykans al die damme in die sentrale tot oostelike dele van die land is baie gunstig met damvlakke in die Vrystaat op gemiddeld 98.3%. Die groot verandering het in Limpopo voorgekom waar die damvlakke tans 68.8% vol is teenoor omtrent 70% laasjaar dieselfde tyd. Die Tzaneendam het gestyg van minder as 10% ‘n paar maande gelede tot meer as 100% huidiglik. Damme in die sentrale tot suidelike dele van die Ooskaap bly op ramp lae vlakke met die Kougadam op 4.4% en die Impofudam op 15% – die belangrikste damme wat water aan die Nelson Mandelabaai Metro en omliggende besproeingsgebiede voorsien.
Die Bridledriftdam wat water aan die Buffalo City Metro voorsien is op 28%. Daar word egter bietjie aanvulling van damme verwag na die reën in die eerste week van Mei in gedeeltes van die Ooskaap wat hoofsaaklik aanvulling aan die Kougadam kan gee. Die meeste damme in die Weskaap is goed daaraan toe vir hierdie tyd van die jaar met die reënseisoen wat voorlê en is gemiddelde 10% beter as in die vorige jaar op dieselfde tyd. Die Clanwilliamdam wat die belangrikste dam in die westelike dele van die Weskaap is en wat water vir besproeiingsdoeleindes voorsien, is egter op slegs 15.8%.
Die watervlak van die Karibadam in Zambië het gestyg tot 49.8% teenoor 28.8% laasjaar die ooreenstemmende tydperk. Die Katsedam in Lesotho is op 77% en die Mohaledam op 39% terwyl die Hardapdam in die suidelike dele van Namibië op 68.8% was teen die einde van April.
ENSO en Indiese Oseaan
ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)
See-oppervlaktemperature van al die Nino-areas behalwe Nino1+2 (-0.7°C) was stewig in die neutrale reeks teen die einde van April. Voorspellings dui dat die neutrale toestande baie waarskynlik sal voortduur tot ten minste September 2021. Daar is ‘n voorspelling vir ‘n ongeveer 45% kans vir elk La Nina en Neutrale fase met slegs 10% kans vir El Nino tot einde September. Vanaf begin Oktober verhoog die waarskynlikheid tot ongeveer 50% vir La Nina en verklein vir Neutraal tot 40%.
Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) wat die atmosferiese indikator van die ENSO is, was teen einde April ook in ‘n neutrale fase of naby zero. Op ‘n skaal van -30 (sterk El Nino) tot +30 (sterk La Nina) was die 30-dae gemiddelde SOI op +2.69 op 11 Mei 2021.
Indiese en Atlantiese Oseaan
Die grootste deel van die Indiese Oseaan se oppervlaktemperature suid- en oos van die Afrikakuslyn dui op koeler as normale temperature alhoewel daar ‘n effense verwarming was gedurende April. Water langs die weskus van Suid-Afrika, Namibië en Angola is ongeveer 2°C tot 4°C warmer as gemiddeld en kan dit as ‘n “Benguela Nino” beskryf word. Gedurende die 1985, 1995 en 2011 episodes het dit grootskaalse ontwrigting van die visvangindustrie veroorsaak as gevolg van minder suurstofryke waters en grootskaalse migrasie van visse. Dit kan ook ‘n invloed uitoefen op weerspatrone, veral langs die Namibiese en Angolese kuslyne maar die globale impak op weerspatrone as gevolg van Benguela Ninos is nog onduidelik.
Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks bly neutraal en voorspellings neig na ‘n voortsetting van neutrale toestande.
Reënval- en klimaatsvooruitsigte
Somerreënvalgebied
Reënval
Baie min verdere reën word verwag oor die grootste deel van die Somerreënvalgebied tot ten minste Oktober 2021. Daar is egter steeds reën moontlik oor die Ooskaap en die suidelike dele van KZN in die laaste deel van Mei.
Temperatuur
Bogemiddelde temperature kom steeds voor en dit is alreeds die middel van Mei. ‘n Reeks koue fronte in die laaste deel van Mei kan egter skerp temperatuurdalings veroorsaak oor die sentrale tot suidelike dele. Baie koue toestande word verwag vir die mid- tot laatwinter.
Die eerste datums vir ryp is heelwat later as normaal met byna geen ryp wat voorgekom het tot die middel van Mei nie. Ryp word egter verwag in die tweede deel van Mei oor die sentrale en suidelike dele en eers later in Junie/Julie oor die meer noordelike dele.
Winterreënvalgebied
Reënvalverwagtings het verbeter vir die grootste deel van die Winterreënvalgebied vir die komende maande. Op die korttermyn kan meer as 20mm word verwag tussen 15 en 17 Mei oor gedeeltes van die Swartland met ligter neerslae oor die Suidkaap. Reën kan ook voorkom tussen 20 en 22 Mei sowel as 25 en 26 Mei. Alhoewel die swaar reën in die eerste week van Mei skades aan die bogrond veroorsaak het in die Suidkaap, was dit egter baie voordelig vir die aanvulling van grondwater sowel as aan damme. Die begin van die wintergraanseisoen in die Suidkaap is waarskynlik die beste in baie jare as gevolg van die reën wat voorgekom het asook die verwagting van verdere reën. Die verwagting van goeie neerslae in die tweede deel van Mei in die Swartland en aangrensende gebiede sal ook goeie toestande daar kan veroorsaak. Daar is ook ‘n moontlikheid dat die baie droë noordelike dele van die Weskaap en suidwestelike dele van die Noordkaap dalk ‘n bietjie winterreënval kan kry.
Namibië
Baie min verdere reënval word verwag vir die winter en lente . ‘n Onbekende faktor is die Benguela Nino wat ‘n verskynsel van warmer waters teen die kus van Namibië en Angola is.
Opsomming en samevatting
Reënvalverwagtinge vir die Somerreënvalgebied is negatief vir die komende maande behalwe gedeeltes van die Ooskaap en suidelike dele van KZN.
Vir die 2021/22-seisoen is die waarskynlikheid vir neutrale tot La Nina-toestande omtrent 90% met slegs ‘n 10% kans vir ‘n El Nino. Dit verbeter later in die somer ten gunste van La Nina.
Reënvalverwagtings is positief vir byna die hele Weskaap vanaf die tweede deel van Mei. Die swaar reën in die eerste deel van Mei kan egter ‘n voorteken wees van stormagtige weer om voort te duur in komende maande.
Redelike swaar sneeuneerslae lyk moontlik.
Kontakbesonderhede:
Epos: wjvandenberg1959@gmail.com
Cell: 082 3744692
Vrywaring:
Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie. | https://www.proagri.co.za/klimaat-en-landboutoestande-no-52-mei-2021/ | 2021-05-12 10:04:14 |
Jagskou uitgestel tot Oktober weens kommer oor derde vlaag Covid-infeksies | This post is also available in: English
Die ooreenkoms wat die SAPD en HuntEx op 20 Mei oor die Covid-10-inperkings bereik het, is met groot verligting en vreugde deur betrokkenes in die bedryf verwelkom. Klein sake-ondernemings wat vir meer as ‘n jaar nie hulle produkte kon verkoop nie, sien baie uit daarna om weer sake te kan doen.
Die ooreenkoms wat as ‘n hofbeslissing deur die Hooggeregshof uitgereik is, gee HuntEx toestemming om op dieselfde grondslag as enige winkelsentrum sake te doen. Dit gee ook hoop aan die hele uitstalbedryf wat tot ‘n irrasionele stilstand gedwing is.
Intussen het talle uitstallers hulle kommer uitgespreek oor die toename in coronavirusgevalle in Gauteng en elders, en die organiseerder versoek om die skoudatum te heroorweeg.
“Ons het die omstandighede met baie van ons uitstallers en ander rolspelers bespreek, en ooreengekom om HuntEx 2021 wat in Junie sou plaasvind, vir eers uit te stel tot 1-3 Oktober 2021. Hierdie besluit sal die meerderheid uitstallers toelaat om deel te neem aangesien kommer oor die derde vlaag Covid-gevalle teen daardie tyd hopelik oorgewaai het,” sê Adriaan Woudstra, HuntEx-organiseerder.
Bron: Edushow, eienaar en organiseerder van HuntEx | https://www.proagri.co.za/jagskou-uitgestel-tot-oktober-weens-kommer-oor-derde-vlaag-covid-infeksies/ | 2021-05-26 11:23:07 |
Plan teen die onwettige jag met honde dringend nodig | This post is also available in: English
Mpumalanga Landbou, neem met groot onsteltenis kennis van die jongste moord op ‘n boer van Mpumalanga. Ons veroordeel die dood van ‘n 58-jarige boer, op sy plaas naby Amersfoort, na bewering aan die hand van persone wat onwettig met honde op sy plaas gejag het, ten sterkste.
Onwettige jag, met of sonder honde, is ‘n oortreding in terme van die Wet op Wilddiefstal. Die teenwoordigheid op privaat eiendom, sonder toestemming, is ‘n oortreding in terme van die Wet op Betreding. Boere ontvang nie die nodige ondersteuning vanaf die SAPD om hierdie oortredings te beheer nie.
‘n Onskuldige boer, besig om sy plaas te patrolleer op ‘n Sondagoggend, is na bewering vermoor deur oortreders van die genoemde wette.
Mpumalanga Landbou doen ‘n beroep op die SAPD en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, om dringend maatreëls te implementeer wat betreding en die onwettige jag met honde sal stop. Hierdie tragiese voorval bevestig die erns van klagtes in die verband en dat sulke sake met die nodige dringendheid deur die SAPD ondersoek moet word.
Ons versoek die SAPD om geen steen onaangeraak te laat vir die arrestasie van die oortreders verantwoordelik vir die dood van ‘n onskuldige boer van Amersfoort nie.
Bron: Mpumalanga Landbou | https://www.proagri.co.za/plan-teen-die-onwettige-jag-met-honde-dringend-nodig/ | 2021-05-18 14:32:47 |
Konyne soek boere | This post is also available in: English
“Die mark is daar, ons kort net boere,” vertel Riana Olivier van Good Rabbit Meat. En nee, dit is nie ՚n foefie nie.
Die konynbedryf in Suid-Afrika is in 2019 ՚n gevoelige slag toegedien toe die grootste koper en drywer in die mark, Coniglio, gelikwideer is. Dit het gevolg op maande se beloftes en wanbetalings aan die boere wat aan die skema deelgeneem het.
Coniglio het alles voorsien, soos teeldiere, hokke, inligting, abbatoir en die mark, maar boere kon hulle produkte net deur Coniglio verkoop. Boere het miljoene rand skade gely, maar om Suid-Afrikaanse boere onder te kry, is nie so maklik nie.
՚n Kerngroep van die boere het opgestaan en die bedryf oorgeneem onder leiding van Hennie Viljoen en RASA (Rabbit Association South Africa) Die enigste slagpale in die land wat spesifiek vir konynverwerking geregistreer is, by Carletonville, is oorgekoop en die boere wat nou hulle konyne soontoe neem, kry hulle geld.
Die netjiese abattoir by Carletonville is gereed om nog
baie konyne te ontvang vir verwerking.
Dit was eintlik Hennie se seun, Jaco, wat in Bloemfontein begin het met die konynboerdery, maar Hennie het nou al sy plaas in die Noord-Kaap verhuur en Rustenburg se kant toe getrek om nader aan die hartklop van die onderneming te wees. Op sy konynplaas word daar opleiding gegee en navorsing gedoen om die bedryf vorentoe te help.
Riana vertel P349, handeldrywend as Good Rabbit Meat is die maatskappy wat die slagpale besit, maar hulle werk is ook om markte te vind en veral ook die plaaslike mark te ontwikkel.
“Die meeste van ons vleis word uitgevoer na Quatar en Zimbabwe, maar ons het navrae van Australië, die UAE, Saudi Arabië en baie lande in Europa, asook van Kenia en Namibië,” sê sy.
Pieter Keyser van Coligny sê streng
voorskrifte wat deur die Europese
Unie neergelê is, word plaaslik
toegepas vir die hokke en ander
toerusting wat vir konynboerdery
gebruik word.
Suid-Afrikaanse konynvleis is veral gesog omdat daar van geen hormoonbehandelings of antibiotika kort voor slag gebruik gemaak word in die produksieproses nie. Daar is geen ernstige konynsiektes in die land nie. In Suid-Afrika is konynvleis beskikbaar in sekere van die takke van Spar, Food Lovers Market en Meat World, asook in restourante en fynproewerswinkels. Daar is geen twyfel oor die gesondheidsvoordele en smaaklikheid van konynvleis nie, “mense moet net leer om daarvoor te vra”, sê Riana.
By sekere kosuitstallings kry mense die geleentheid om te smul aan gegeurde konynsosaties en om netjies verpakte snitte soos ontbeende rolle, agterkwarte, voorkwarte, filette en sosaties te koop. RASA lewer al die dienste wat vroeër deur Coniglio gelewer is, maar sonder om boere onder al die verpligtings te plaas. Boere kan teelmateriaal by mekaar bekom, hulle eie hokke bou, solank dit aan die minimum standaarde voldoen, en hulle kan hulle konyne laat slag by Good Rabbit Meat en self verkoop as hulle wil.
՚n Paar van die lede is spesifiek getaak om opleiding te gee aan nuwe boere en hulle te help om sonder sukkel aan die gang te kom. Die slagpale kan 44 000 konyne per maand slag, maar staan nou op gemiddeld 6 000 konyne per maand. Daar word ook tans hoenders ingeneem om die koste te help dra, maar die doel is om die kapasiteit met konyne te vul.
Só werk die boerdery
In Suid-Afrika word daar hoofsaaklik met die New Zeeland White-ras geboer, wat niks met Nieu-Seeland te doen het nie; die ras kom eintlik van Kanada af, vertel Pieter Keyser van Coligny, een van die boere wat graag ander met raad en daad bystaan.
“Die lekkerste ding van konynboerdery is dat jou insetkoste nie so hoog is soos met enige ander veeboerdery nie, en jy hoef nie vrugbare dele van jou plaas te gebruik of groot grond te hê nie. Die meeste boere het ՚n afdak of skuur wat nie ten volle benut word nie en dit is ideaal om in te begin.”
Jy soek ՚n dak om hulle teen reën en son te beskerm, maar daar moet lug deurbeweeg, want die konyne hou nie van hitte nie. Hulle verkies temperature tussen 15 en 25 °C. Op warm dae is afkoeling met byvoorbeeld missproeiers nodig.
Die diere moet ook altyd toegang hê tot skoon drinkwater. Riana sê die ideaal is om met so 500 wyfies te boer vir ՚n kommersiële inkomste, maar hulle het kleinboere wat aan hulle lewer wat met 20 konyne onder ՚n boom begin het. Dit maak nie saak hoe groot jou boerdery is nie, die bestuur daarvan bly uiters belangrik en intensief. Hokke moet skoon gehou word en die regte kos moet in die regte hoeveelheid gegee word. Jy neem die wyfie na die mannetjie om gedek te word. ՚n Konynwyfie soog haar kleintjies terwyl sy dragtig is met die volgende werpsel van 3 tot 10 babatjies.
“Die dekkingsproses vat nie lank nie,” vertel Pieter. “Jy sit haar in die hok by die mannetjie en terwyl jy nog die deurtjie toemaak, is alles oor en verby!”
Konynvleissnitte word keurig verpak en aangebied deur Good Rabbit Meat.
Net soos met skape en beeste vat die wyfie nie altyd nie. Pieter sê hy kry tot 95% besetting, maar dit is beter om te werk op ՚n gemiddeld van 80% as jy jou somme maak. Die hele boerdery werk op ՚n siklus van vyf weke sodat die eerste werpsel gespeen kan wees wanneer die volgendes hulle opwagting maak.
Pieter waarsku dat, soos met enige ander boerdery, daar nie so iets is soos kitsrykdom nie. Dit is harde werk, maar as jy met ՚n nuwe boerdery en jong wyfies begin, kan jy al na vier of vyf maande nadat jy met produksieteling begin het, jou eerste inkomste kry en na sewe tot nege maande kan jy gelykbreek, afhangende van jóú insetkoste en bestuur. Betaling geskied gewoonlik 30 dae na lewering. Die konyne slag gewoonlik uit op 1,2 kg, maar die wyfies wat klaar geproduseer het lewer meer as 2 kg lekker sagte vleis.
Pieter sê goeie voerrantsoene is die grootste uitgawe, maar dit is belangrik vir goeie groei en dit is redelik wyd beskikbaar by die meeste voermaatskappye. Bennie Oberholser is ՚n boer van Cullinan wat ongeveer ՚n jaar gelede met konynboerdery begin het en hy pak nou gereeld sy sleepwa vol vir die pad Carletonville toe. “Ek was nog nie ՚n oomblik spyt nie,” sê hy.
Die mark vir konynvelle moet nog
ontwikkel word, want daar is tans
te min vir uitvoer. Plaaslik word
die velle met die hand verwerk,
omdat dit so sag is.
Rina van der Merwe van Rustenburg dien as skakel tussen die boere en RASA. Sy sê daar is baie positiewe dinge aan die gebeur en die paar boere wat vasgebyt het groei nou weer mooi. “Ons is besig om ons eie boerdery uit te brei. Die mark is reg, ons kort boere.”
As jy wil aanmeld vir konynboerdery, kontak gerus vir Rina van der Merwe by 082-461-4559 of help4rabbit@gmail.com of besoek www.goodrabbitmeat.co.za. | https://www.proagri.co.za/konyne-soek-boere/ | 2021-05-18 15:22:35 |
Ontwapening van vroue met voorgestelde wet | This post is also available in: English
Die voorgestelde wysigings in die Vuurwapenbeheerwet wat Vrydag in die Staatskoerant afgekondig is, gaan ‘n groot ontwapening van wettige vroulike vuurwapenlisensie-eienaars tot gevolg hê.
Dit sal hulle weerloos laat om hulself en hul gesinne te beskerm. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) oor die voorgestelde wysigings aan die wet.
“Vroue vorm in ‘n mindere mate deel van toegewyde Jagtersverenigings, hulle het in enkele gevalle toegewyde jagterstatus, en is nie so nou betrokke by sportskiet-aktiwiteite in gemeenskappe deur middel van die Jagtersverenigings nie. Dit beteken dat vroue wat baie konsekwent is in die hantering van wettige vuurwapens, nie enige vuurwapens vir selfverdediging wettiglik sal kan besit nie,” meen Francois Wilken, president van VL.
“Gegewe die realiteit van geslagsgebaseerde geweld (gender based violence) in Suid-Afrika waar baie vroue en kinders die slagoffers van ernstige geweldsmisdade is, sal vroue geensins in aanmerking kan kom om wettiglik ‘n vuurwapen vir selfverdediging te besit indien die wysigings aan die vuurwapenbeheerwet aanvaar word nie.” Volgens Wilken beteken dit dan dat vroue-boere ook geensins in ‘n posisie sal wees om hulself, hul gesinne en families te kan verdedig nie.
Die voorgestelde wetwysigings maak tans voorsiening daarvoor dat ’n persoon ’n vuurwapen mag besit vir geleentheid jag (occasional hunting) wat vroue meestal gaan uitsluit, en baie meer mans gaan insluit. Die voorgestelde wysigings onder die vuurwapenbeheerwet sal dus ‘n totale ontwapening van vroue tot gevolg het.
Volgens Wilken, is die voorgestelde wysigings in die Vuurwapenbeheerwet nie gegrond op feite rakende vuurwapens en of wettige vuurwapens in ernstige geweldsmisdade in Suid-Afrika gebruik is nie. “Die onlangse vrystelling van die minister van Polisie in die vierde kwartaal misdaadstatistieke maak geensins melding met watter instrumente moorde en ander ernstige misdade gepleeg is nie. Dit maak ook nie melding daarvan of vuurwapens wel gebruik is of watter persentasie daarvan met wettige of onwettige vuurwapens gepleeg is nie,” noem Wilken.
Vrystaat Landbou nooi mense uit om hul teenkanting teen die voorgestelde Vuurwapenbeheer-wetswysigings aan te teken. “Ons glo dat elke persoon die reg het om hom of haarself te verdedig”. VL het ’n veldltogblad beskikbaar gestel vir submissies teen hierdie wet. Die submissies wat op hierdie blad gemaak word sal aan die parlement oorhandig word. Die webblad kan besoek word by https://vrystaatlandbou.co.za/protect-your-right-to-self-defence/
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/ontwapening-van-vroue-met-voorgestelde-wet/ | 2021-05-27 17:09:39 |
Toyota teken markaandeel van 24,6% in April aan | This post is also available in: English
Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het in April 8 810 verkope aangeteken, wat die maatskappy ‘n markaandeel van 24,6% besorg het.
TSAM het altesaam 4 745 eenhede in die segment vir ligte handelsvoertuie (LHV) geregistreer, met ’n markaandeel van 43,6%, sowel as altesaam 3 885 eenhede in die passasiersafdeling met ’n ooreenstemmende markaandeel van 17%.
Die Hilux was weer eens Toyota se topverkoper met altesaam 3 163 modelle, gevolg deur nog ’n gewone toppresteerder in die LHV-afdeling, die Hiace Ses’fikile, waarvan 1 176 eenhede verkoop is. Toyota se gesinsvoertuie het ook goed gevaar, en die Urban Cruiser het 796 eenhede, die Corolla Quest 652, die Fortuner 615, die Starlet 506 en die Toyota Agya 467 verkope aangeteken.
Aan die weeldekant het die Land Cruiser 200 en FJ Cruiser altesaam 36 nuwe eienaars gekry, en die Prado 62, terwyl die meer eksklusiewe Lexus-variante altesaam 31 verkope aangeteken het. Wat vragmotors betref, het Hino het in April altesaam 180 eenhede verkoop. Die Hino 500-reeks het 58 vragmotors geregistreer, terwyl die 300-reeks altesaam 98 eenhede verkoop het.
Naamsa (die nasionale vereniging van voertuigvervaardigers van Suid-Afrika) sê: “In die lig van die (algehele) COVID-19-inperking in April 2020, toe voertuigproduksie en kleinhandelverkope destyds tot stilstand gekom het, sal ’n vergelyking van die verkope en uitvoervertoning van nuwe voertuie in April 2021 teenoor die verwronge bedryfsverkope van April 2020 nie sinvol wees nie. Slegs 574 nuwe voertuie is in April 2020 verkoop, en daarom sal vergelykings vir April 2021 op die vorige maand vanjaar – Maart 2021 – fokus. Algehele plaaslike verkope in April 2021, wat op 35 779 eenhede te staan gekom het, weerspieël ’n daling van 7 649 eenhede, of 17,6%, van die 43 428 voertuie wat in Maart 2021 verkoop is.”
Leon Theron, die senior visepresident van verkope en bemarking by TSAM, sê egter die maatskappy se bemarkingstrategie is nie net beperk tot markleierskap vir die verkoop van nuwe voertuie nie. Daarom het hy plaaslike Toyota-, Hino- en Lexus-handelaars geprys omdat hulle altesaam 115 725 voertuie versien en nie minder nie as 1,3 miljoen voertuigonderdele plaaslik verkoop het, terwyl nog 306 000 komponente buite Suid-Afrika se grense versend is.
“April is tradisioneel ’n verkoopsmaand met lae volumes as gevolg van al die openbare vakansiedae, en ons is opreg trots op ons handelaarsnetwerk vir die 24,6%-markaandeel en kan hulle net aanmoedig om aan te hou om glimlagte te skep en nooit selfvoldaan te wees nie. Ons wil ook baie dankie sê aan vlooteienaars en motorhuurondernemings vir hul volgehoue ondersteuning en lojaliteit,” sê Theron.
Bron: Toyota SA | https://www.proagri.co.za/toyota-teken-markaandeel-van-246-in-april-aan/ | 2021-05-04 15:18:24 |