answer_text
stringclasses
7 values
question_text
stringlengths
12
1.44k
background_description
sequence
options
sequence
language
stringclasses
1 value
B
'n Eenvoudige toestel wat 'n elektriese stroombaan oop- en toemaak staan bekend as 'n ….
[]
[ "(A) sel.", "(B) skakelaar.", "(C) battery.", "(D) reostaat." ]
afrikaans
B
Watter strukture skei tydens swangerskap progesteroon af?
[]
[ "(A) Byniere en corpus luteum", "(B) Corpus luteum en plasenta", "(C) Tiroïedklier en Graafse follikel", "(D) Pituïtêre klier en Graafse follikel" ]
afrikaans
A
Kietsiekat is ʼn <u>_____</u> kat.
[ "<b>DIEREVRIENDE</b>\nʼn Hond is regtig ʼn liewe dier,\nhy waai sy stert van pure plesier.\nhy lek jou vinnig op die wang,\npasop tog gou voor Ma jou vang!\n\nOns kietsiekat is gans te koel, \nsy kom net nader as sy so voel.\nsy vly haar lekker eenkant neer,\nvir jou voel sy ʼn veer.\n\nDie voëltjie in sy hok \nsit ure op sy stok. \nhy hou van koppie krap \nas jy na hom toe stap.\n\n[Francois Jacobs: Uit Nuwe Kinderverseboek]" ]
[ "(A) gemaklike", "(B) kwaai", "(C) stout", "(D) slim" ]
afrikaans
A
Wat is die doel van die koerantartikel? Om die leser in te lig oor …
[ "Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord vrae 1-1 - 1-5.\n\n<b>Die Suid-Afrikaanse Vetsugkrisis</b>\n\n(paragraaf 1) Suid-Afrikaners word vetter. Ons is derde geplaas op die wêreld se vetsuglys deur die Compas Groep se 2011 Suidelike Afrika-verslag. Dit is 'n bewys dat vetsug oor die wêreld heen ondervind word.\n\n(paragraaf 2) Vetsug is 'n gesondheidsrisiko wat nie oornag plaasvind nie. Wanneer daar na baie skole se snoepwinkels gekyk word, sien mens baie wegneemstalletjies en kosstalletjies wat agtuur in die oggend oliebolle verkoop en warm aartappelskyfies vir middagete. Daar is ook verkoopmasjiene wat met versoete drankies gepak is. Word daar nie van 'n plek van opvoeding en leer juis verwag dat leerders die gevare van slegte eetgewoontes sal verstaan nie? Moet skole nie self ook gesonder eetgewoontes bevorder nie? Jy sal so dink, maar dit is nie die geval nie.\n\n(paragraaf 3) Nog 'n bydraende faktor is globalisering. Tegnologie het veroorsaak dat ons so vinnig ontwikkel dat wegneemetes deel van ons daaglikse lewens geword het. Die wete dat kos net 'n telefoonoproep ver is en 'n mikrogolfete net 'n paar minute neem om bedien te word, het ons lui gemaak.\n\n(paragraaf 4) As gevolg hiervan, stel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voor dat gesonde voedsel in skole en gemeenskappe bevorder word. Gesonde voedsel wat in gemeenskaps- en skooltuine gekweek word, is goedkoper en meer aanvaarbaar as kitskosetes (wegneemetes). In Suid-Afrika word tradisionele kos, soos boontjies, geassosieer met 'n lae sosiale status. Suid_x0002_Afrikaners verkies om te eet soos mense in ryker lande deur gemorskos te koop, wat daartoe gelei het dat oorgewig 'n probleem is wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.\n\n(paragraaf 5) Tradisionele Afrika-stapelvoedsel van stysel, suiker en vleis help definitief nie met 'n laekalorie-dieet nie. Ek beweer nie dat tradisionele kos skadelik is of 'n lae voedingswaarde het nie; navorsing het egter getoon dat dit nie genoeg is vir 'n gesonde dieet nie. Hoe balanseer ons tradisie en goeie voeding? Hoe kan ons weer oor ons houding oor kos dink?\n\n(paragraaf 6) Ons moet oor vetsug gesels. Ons moet verstaan waarom so baie van ons vet is. Ons moet dink oor <b>wat</b> ons eet en <b>waarom</b> ons dit eet. Die volgende moet in gedagte gehou word wanneer ons oorgewig beveg: die instel van bewusmakingsprogramme in skole en gemeenskappe, wydverspreide opvoedingoor dieet, gesonde eetplanne en werkswinkels om gesonde kookmetodes te bevorder. Ons moet die beskikbaarheid van ongesonde kos en drankies in openbare plekke soos lughawens, treinstasies, skole en hospitale verminder. Hoe gouer ons begin verstaan wat 'n gesonde dieet werklik beteken, hoe gouer sal ons met ons nasie se ongesonde eetgewoontes kan wegdoen.\n\n[Verwerk uit: News 24, 7 Februarie 2013]\n\n<b>Woordbank:</b>\nVetsug – vet of oorgewig\nGlobalisering – oor die hele wêreld heen" ]
[ "(A) vetsug.", "(B) globalisering.", "(C) kultuur.", "(D) tradisie." ]
afrikaans
D
Die laag van die atmosfeer met die laagste digtheid is die ...
[]
[ "(A) troposfeer.", "(B) stratosfeer.", "(C) mesosfeer.", "(D) termosfeer." ]
afrikaans
B
Kies die KORREKTE antwoord. Die instrument wat gebruik word om stroomsterkte te meet
[]
[ "(A) Gravitasiekrag", "(B) Ammeter", "(C) Kragstuwing", "(D) Lawa", "(E) Troposfeer", "(F) Stratosfeer", "(G) Smeltdraad", "(H) Kragtasie" ]
afrikaans
A
Wat verstaan jy onder die volgende stelling: "Die winter het ons lywe negatief verander"? (par. 1)
[ "Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg.\n<b>Gesonde Leefstyl</b> \n(paragraaf 1) Die winter het ons lywe negatief verander. Ja! Die heerlike bredies, watertand, sagte broodrolletjies saam met verskillende soorte sop en 'n oormaat van tee en koffie. Nou is dit tyd om dit alles te laat staan en aksie te neem om daardie lywe weer reg te kry vir die somer.\n\n(paragraaf 2) Makliker gesê as gedoen. Jy was gewoond om lekker snoesig in jou bed te lê en verskonings uit te dink oor hoekom jy nie hoef op te staan nie. Ek noem dit ons winterhibernering! Wei, hier is 'n skrikwekkende feit wat jou uit die bed kan jaag, twee uit elke drie mense sal sonder twyfel 2 kilogram gedurende die winter optel!\n\n(paragraaf 3) Jy vra waarom of hoe dit gebeur het? Wei, gedurende die winter smag ons almal na warm trooskos wat ons warm en goed laat voel. Dink net aan al die tee en koffie wat jy per dag drink, 'n minimum van 4 koppies per dag met 2 teelepels suiker en melk ... mmm dáár is baie kalorieë! Bredies is vol nuttelose kalorieë en bevat hopeloos te veel koolhidrate; daarmee saam word daar ook nie genoeg geoefen nie. Indien ons al die faktore in ag neem, voorspel dit net een ding: MOEILIKHEID!\n\n(paragraaf 4) Die vraag is nou wat ons kan doen om ons liggame vir die somer reg te kry. Jou liggaam het water nodig om al die voedingstowwe na die verskillende selle te vervoer en dit help jou niere en lewer om afvalstowwe uit te skei. Water help om jou liggaamstemperatuur te reguleer en om jou gewrigte en organe te beskerm. Om koue water in die winter te drink, is nie baie aangenaam nie - dus sal jou vloeistof-inname in die koeler maande afneem. As dit warmer word, is dit 'n goeie tyd om jou vloeistof-inname te vermeerder.\n\n(paragraaf 5) Probeer om ses tot agt glase water per dag te drink. Dit is goed vir jou. Ander vloeistowwe soos melk, tee, koffie en sap kan as 'n aanvulling dien. Begin nou, stap na die waterverkoeler of kraan en kry 'n glas water om te drink. As jy een tot twee glase water, 30 tot 60 minute voor jou hoofmaal drink, sal dit jou voedsel-inname beperk. Dit sal help om jou gewig te beheer.\n\n(paragraaf 6) Dis belangrik om jou gewig te beheer deur die regte kos te eet. Vrugte en groente is 'n uitstekende bran van vitamiene, noodsaaklike minerale, vesel en baie antioksidante. Dit hoef nie ingewikkeld te wees om vrugte en groente te eet nie - eet net meer waarvan jy hou. Kies vars vrugte saam met jou muesli, vars slaai vir middagete, gevriesde groente vir 'n vinnige ete gedurende die week, 'n Vrugtesmoothie gemaak van piesang en bessies kan 'n heerlike versnappering wees. As jy nie van die vrugte en groente hou wat in seisoen is nie en jy kan vrugte en groente wat buite seisoen is beköstig, koop dit dan. Dit is nie belangrik wat jy in jou vrugtebak het nie, maar wat jy eet.\n\n(paragraaf 7) Voedsel is een van die groot plesiere in die lewe, maar dit is belangrik om gesonde kos te eet!\n\n Aangepas uit <i>Aspen Tydskrif</i>, volume 1.4" ]
[ "(A) Mense neig om gedurende die winter gewig op te tel.", "(B) Mense neig om gedurende die winter gewig te verloor.", "(C) Mense is gelukkig omdat dit winter is.", "(D) Mense slaap die hele dag gedurende die winter." ]
afrikaans
C
Wat is die modus van die tellings in die frekwensietabel hieronder? <b>Telling</b> | <b>Frekwensie</b> 111 | 2 112,1 | 7 114,3 | 6 115 | 2 211 | 1
[]
[ "(A) 118,5", "(B) 113,6", "(C) 112,1", "(D) 100" ]
afrikaans
A
Skryf die volgende as ʼn heelgetal. $( 6\ \times \ 100) \ +\ ( 9\ \times \ 1\ 000\ 000) \ +\ ( 4\ \times \ 10) \ +\ ( 8\ \times \ 1\ 000)$
[]
[ "(A) 9 008 640", "(B) 6 948 000", "(C) 9 648", "(D) 9 800 640" ]
afrikaans
F
Energiebron wat nie opverbruik of vervang kan word nie
[ "<b>PASITEMS</b>\nPas die stellings in <b>KOLOM A</b> by met die korrekte woord in <b>KOLOM B</b>. Skryf dan die korrekte <b>LETTER</b> in <b>KOLOM C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6. Die vloei van elektrisiteit <u>___________</u>. 2.6: <b>G (Stroom)</b>" ]
[ "(A) Atmosfeer", "(B) Hernubaar", "(C) Hidro-elektriese krag", "(D) Rotasie", "(E) Geleiers", "(F) Nie-hernubare" ]
afrikaans
D
Van die inligting hieronder, kies die vervoermetode wat die minste brandstof/petrol gebruik.
[]
[ "(A) 'n Lorrie gebruik 40 liter brandstof vir 200 km", "(B) 'n Kar reis 500 km op 50 liters brandstof.", "(C) 'n Bus gebruik 30 liter brandstof om 165 km te reis", "(D) 'n Rokker-motorfiets reis 450 km op 22,5 liter petrol" ]
afrikaans
B
Wat is die volgende getal in die getalpatroon? 15 ; 21 ; 27 ; 33 ; 39 ; <u>______</u>
[]
[ "(A) 43", "(B) 45", "(C) 47", "(D) 50" ]
afrikaans
A
'n Voordeel van inwendige bevrugting is dat …
[]
[ "(A) sperms en ovums in die vrou se liggaam beskerm word.", "(B) daar beter ouersorg is.", "(C) meer gamete geproduseer sal word.", "(D) die fetus voedsel direk vanaf die ma ontvang." ]
afrikaans
B
'n Sirkel word in twaalfdes verdeel. Hoeveel twaalfdes maak ʼn derde van die sirkel?
[]
[ "(A) 3", "(B) 4", "(C) 6", "(D) 12" ]
afrikaans
C
Los die volgende getalsin op $6\ \times \ \vartriangle \ -3 = 39$ $\vartriangle \ =$ <u>______</u>.
[]
[ "(A) 4", "(B) 6", "(C) 7", "(D) 11" ]
afrikaans
B
n Funksie van die iris van die oog is om …
[]
[ "(A) lig te breek om 'n duidelike beeld te vorm", "(B) die hoeveelheid lig wat die oog binnedring, te beheer.", "(C) die ligprikkels na impulse om te skakel.", "(D) die weerkaatsing van lig in die oog te voorkom." ]
afrikaans
A
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. ''Julle moet''-mense is mense wat graag (eise stel/verantwoordelikheid aanvaar).
[ "AFDELING A: LEESBEGRIP\nVRAAG 1: ARTIKEL\nLees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.\n\nTEKS A\n\nMOENIE NET PRAAT NIE; DOEN IETS!\nStil-stil maak Suid-Afrikaners 'n verskil\n\n(1) Max Lucado, 'n geestelike skrywer, glo dat elke mens 'n begeerte het om 'n verskil \nop aarde te maak en om iets vir iemand te beteken. Maar om dit te doen, moet \nmense moue oprol. Gelukkig sien ons deesdae al minder ''julle moet''-mense en \nmeer ''ons moet''-mense. Dit is mense wat bereid is om self te doen en te gee.\n\n(2) Ayakha Melithafa, Donalene Johanessen en Candice Mostert is maar net drie [5]\nSuid-Afrikaners wat besluit het om deel te wees van die ''ons moet''-mense wat 'n \nverskil in SA wíl maak.\n\n(3) Ayakha Melithafa se familie is boere wat erg deur die droogte in SA getref is. \nAyakha het navorsing gedoen en agtergekom dat die verandering in klimaat die \noorsaak van die droogte was. Sy het besef dat nog swaarder tye op hulle wag. Toe [10] \nhet sy geweet dat sy mense sal moet bewus maak van klimaatsverandering en die \nnegatiewe gevolge daarvan. Daarom het sy by verskillende organisasies \naangesluit.\n\n(4) Een van hierdie organisasies is Projek 90 teen 2030, wat koolstof teen 2030\nwêreldwyd met 90% wil verminder. Die tweede een is die Afrika Klimaat Alliansie. [15]\nHulle maak mense bewus van klimaatsverandering. Deur hierdie Alliansie het \nAyakha ander jong oorsese omgewingsaktiviste leer ken, onder andere Greta \nThunberg van Swede.\n\n(5) Ayakha wil 'n stem vir die omgewing wees. Sy wil graag sien dat politieke leiers \naandag aan die probleme rondom klimaatsverandering gee. Hulle moenie dink dat [20]\nsy dinge uit haar duim suig nie. Hulle moet mense wat niks daarvan weet nie, inlig. \nHulle moet die jeug en gemeenskappe inspireer om die omgewing beter te bewaar. \nMense moet weet wat hulle kan doen om klimaatsverandering te keer.\n\n(6) In 2013 het Donalene Johanessen Royal Kidz gestig. Dit is 'n nie-winsgewende \norganisasie wat minderbevoorregte kinders op verskillende maniere help. Die [25]\nMarriotts Hotelgroep het ook by hierdie projek betrokke geraak en besluit om lakens \nwat hulle nie meer gebruik nie, vir haar te skenk. Die lakens is van 'n goeie \nkwaliteit; daar is selfs lakens van Egiptiese katoen.\n\n(7) Donalene en haar werkers gebruik hierdie lakens om skoolhemde en warm \nbaadjies vir minderbevoorregte kinders te maak. Uit een koningsgrootte laken kan [30]\n 5 skoolhemde gemaak word. Dis hoe die Sheets for Shirts-projek ontstaan het. \n\n(8) 2019 was 'n goeie jaar. 'n Donasie van 300 skoolhemde is aan Graad R–1-leerders \naan die Primêre Skool Eastville gegee. Vir Mandeladag is meer as 1 000 \nskoolhemde, winterbaadjies en skoene aan leerders van verskillende skole \ngeskenk. [35]\n\n(9) Dit was nog altyd Donalene se droom om 'n vaste werkplek vir plaaslike \nnaaldwerkers te hê. Marriotts het toe R1,2 miljoen vir Donalene gegee om Restore \nSA Pty Ltd te begin. Dit is haar eie besigheid. Sy het 11 vroue en 2 mans in diens,\n'n permanente fabriek in Parow en 'n aanlyn winkel. Sy gebruik 40% van haar \nbesigheid se wins vir Royal Kidz se projekte. [40]\n\n(10) Uiteindelik strek Donalene se projek verder as om net skoolklere te voorsien. \nHierdie projek het ook haar werkers se lewens positief verander. Hulle verdien nou \n'n vaste inkomste, voel goed oor hulleself en het 'n doel in die lewe. Die kinders wat \ndeur haar projek gehelp word, woon nou gereeld skool by.\n\n(11) Donalene pak ook die plastiekprobleem in ons land aan. Sy maak wasgoedsakke [45]\nvir hotelle uit die ou lakens. Nou hoef hotelle nie meer plastieksakke daarvoor te \ngebruik nie.\n\n(12) Nog iemand wat iets omtrent die enorme plastiekprobleem probeer doen, is \nCandice Mostert. Sy ondersteun die idee van ekostene. Ekostene help om\nplastiekafval te verminder. [50]\n\n(13) Vir 'n ekosteen het 'n mens 'n 2 ℓ-koeldrankbottel nodig. Jy vul die bottel met \nskoongewaste plastiek soos penne, plastieksakkies en plastiekbakkies wat nie weer \ngebruik kan word nie. Hierdie ekostene word dan vir verskillende dinge gebruik, \nbv. om vloere en mure op te vul en bankies vir skoolterreine te bou.\n\n(14) Candice se organisasie, Waste-Ed, werk saam met gemeenskappe in die [55]\nWes-Kaap. In 2019 het hulle 20 ton plastiek van vullishope af verwyder en in \nekostene gebruik. Daar is 37 skole wat saam met haar werk. Sy sê ekostene is 'n \ngoeie manier om kinders te leer om die omgewing te bewaar.\n\n(15) Dit is maar drie Suid-Afrikaners wat in die ''ons moet''-span speel. Vir watter span \ndraf jý uit? [60]\n[Eie teks]" ]
[ "A. eise stel", "B. verantwoordelikheid aanvaar" ]
afrikaans
E
Ongemak tydens die uitskeiding van vaste afval uit die liggaam.
[ "Pas die stelling in <b>Kolom A</b> by die korrekte woord in <b>Kolom B</b>. Skryf die korrekte <b>LETTER</b> in <b>Kolom C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6 Vaste stof wat in vloeistof oplos <u>______</u> <b>2.6=G (opgeloste stof)</b>" ]
[ "(A) Oplosmiddel", "(B) Oplossing", "(C) Gebalanseerde dieet", "(D) Vesel", "(E) Hardlywigheid", "(F) Kristallisasie" ]
afrikaans
A
Hoeveel is 853 951 afgerond tot die naaste 100.
[]
[ "(A) 854 000", "(B) 854 100", "(C) 853 900", "(D) 853 950" ]
afrikaans
D
Watter van die volgende beskryf Groot depressie van 1929 die beste?
[]
[ "(A) 'n Ekonomiese insinking", "(B) Begin in die VSA", "(C) die hele wêreld geraak", "(D) Al bogenoemde" ]
afrikaans
D
Bonga het 'n kartondoosskyf wat hy in stukke wil sny om 'n reghoekige piramide te maak. Hy gaan die volgende stukke sny:
[]
[ "(A) Vier reghoeke en twee vierkante", "(B) Twee reghoeke en vier vierkante", "(C) Drie reghoeke en een driehoek", "(D) Een reghoek en vier driehoeke" ]
afrikaans
C
'n Veldkrag...
[]
[ "(A) is altyd 'n aantrekkingskrag.", "(B) kom voor alleenlik tussen 'n magnetise en elektriese lading.", "(C) Iei tot 'n aksie op 'n afstand tussen twee liggame.", "(D) is die enigste tipe krag wat die spoed van 'n voorwerp kan verander." ]
afrikaans
C
Kies die verskynsels wat in die advertensie voorkom wat tipies van die een en twintigste-eeu is.
[]
[ "(A) rekenaar en tuisonderrig", "(B) boeke en rekenaar", "(C) webwerf en rekenaarprogramme", "(D) rekenaar, boeke, pen en leerders" ]
afrikaans
A
Wat beteken die woorde "diep in jou boesem rus die onontdekte" (versreël 3) in die konteks van die gedig?
[ "Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.\n\n<b>Seesonnet</b>\nO magtige oseaan, jy wydgestrekte, \nOmsirkel deur die ongemetenheid, \nDiep in jou boesem rus die onontdekte; \nAlleen jou swaar gehyg verneem die tyd.\nO nooitvermoeide see wat immer-woelend, (versreël 5)\nGetye reёl na gange van die maan\nEn op die storm se stem ontstuimig spoelend, \nJou branders op die rotse stukkend slaan! \nO eew'ge deining van die Grote en Magt'ge! \nSo dein die breed sterk stroom van volle lewe (versreël 10)\nIn my klein hart. Ek nietigste Kristal,\nEk mag ook speel met glans van die ewig-pragt'ge. \nDie skepping het ook my sy doel gegewe: \nEen polsslag in die ritme van die heelal!\n\n[Uit: Gedigte]" ]
[ "(A) Baie dinge onder die see is nog nie ontdek nie.", "(B) Die branders kom diep uit die see.", "(C) Baie skulpe spoel op die strand uit.", "(D) Die see is baie onstuimig." ]
afrikaans
A
Wat sal die totale buite-oppervlakte van ʼn kubus met ʼn volume van 64 cm^{3} wees?
[]
[ "(A) 96 cm^{2}", "(B) 64 cm^{2}", "(C) 16 cm^{2}", "(D) 4 cm^{2}" ]
afrikaans
B
Pluto is die kleinste planeet in ons sonnestelsel.
[ "Lees die stelling en besluit of dit waar of onwaar is. Trek ʼn kringetjie om W vir waar en O vir onwaar." ]
[ "(A) W", "(B) O" ]
afrikaans
B
Opwekking van elektrisiteit deur vallende water word... genoem.
[]
[ "(A) kernkrag", "(B) hidro-elektrisiteit", "(C) transformasie", "(D) aardlekkasies" ]
afrikaans
B
Die algemene reël vir die patroon 3; 8, 13, 18; 23 is …
[]
[ "(A) $2n+1$", "(B) $5n-2$", "(C) $4n-1$", "(D) $7n-4$" ]
afrikaans
D
Wat is die waarde van $63,\ 91\ \times \ 10$?
[]
[ "(A) 6, 391", "(B) 63, 910", "(C) 6 391", "(D) 639,1" ]
afrikaans
C
$\frac{65^{2} - 25^{2}}{65 + 25}$ = ⋯
[]
[ "(A) 50", "(B) 17,8", "(C) 40", "(D) 4/9" ]
afrikaans
B
Noem die toestel wat elektriese energie omsit in bewegingsenergie.
[]
[ "(A) Gloeilamp", "(B) Motor", "(C) Gonser", "(D) Battery" ]
afrikaans
A
Watter van die volgende stellings is waar omtrent ʼn vlieër?
[]
[ "(A) Die langer hoeklyn halveer die korter hoeklyn teen 90°.", "(B) Die korter hoeklyn halveer die langer hoeklyn teen 90°.", "(C) Hoeklyne halveer mekaar.", "(D) Hoeklyne is gelyk." ]
afrikaans
C
Die reseptor(e) betrokke by die handhawing van balans is ...
[]
[ "(A) slegs die orgaan van Corti.", "(B) slegs die makula.", "(C) slegs die makula en die crista.", "(D) die orgaan van Corti, makula en crista." ]
afrikaans
D
$\sqrt{16x^{16}}$ =
[]
[ "(A) $8x^{8}$", "(B) $8x^{4}$", "(C) $4x^{4}$", "(D) $4x^{8}$" ]
afrikaans
C
Hoeveel meer hoeke het ʼn oktogonale prisma as ʼn oktogonale piramide?
[]
[ "(A) 10", "(B) 2", "(C) 8", "(D) 16" ]
afrikaans
A
Wat is die verskil tussen ʼn serie stroombaan en ʼn parallelle stroombaan?
[]
[ "(A) ʼn Serie stroombaan volg een baan (pad) en ʼn parallelle stroombaan verdeel in verskillende bane (takke).", "(B) ʼn Serie stroombaan moet ʼn smeltdraad hê.", "(C) ʼn Parallelle stroombaan moet ʼn stroombreker hê.", "(D) ʼn Parallelle stroombaan volg een baan (pad) en ʼn serie stroombaan verdeel in verskillende bane (takke)." ]
afrikaans
C
Watter EEN van die volgende is KORREK met verwysing na astigmatisme?
[]
[ "(A) Lig kan nie deur die kornea beweeg nie", "(B) Lig kan nie deur die lens beweeg nie", "(C) Breking van ligstrale deur die kornea is oneweredig", "(D) Die lens kan nie nog ronder word nie" ]
afrikaans
B
Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. Daarom moet die verskillende soorte (material/materiaal) van mekaar geskei word voordat dit herwin kan word.
[ "VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT\n- Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.\n- Voer die instruksies by elke vraag uit.\n\nLees die artikel en beantwoord die vrae.\nTEKS F: ARTIKEL\n\nHERWINNING ('RECYCLING')\nVullis wat oral in hope rondlê, is (5.1.1) ('n/die) grootste probleem in ons land. Dit lyk baie (5.1.2) (mooi) wanneer honderde plastieksakke oral rondwaai. Dit is ook nie goed vir die natuur nie. Daar val elke jaar byna 8 ton plastiek (5.1.3) (...) die see. Dit is baie nadelig vir die seelewe.\n\nDit het tyd geword dat elke (5.1.4) (land+burger) begin herwin. 'n Mens herwin as (5.1.5) (...) gebruikte produkte vir iets anders gebruik. Dit help (5.1.6) (die baie vullis verminder). Dit bespaar ook natuurlike (5.1.7) (hulpbron) soos hout en water. Ons hoef dan nie so baie daarvan te gebruik om (5.1.8) (nuut) produkte te maak nie.\n\n5.1.9) (Glas papier en plastiek) word nie op dieselfde manier herwin nie. Daarom moet die verskillende soorte (5.1.10) (material/materiaal) van mekaar geskei word voordat dit herwin kan word. Papier wat herwin word, kan weer gebruik word om kartondose te maak. Glas kan gebruik word om ander glasware te maak. (5.1.11) Mense het kleurvolle handsakke en vloermatjies van plastieksakke gevleg. (5.1.12) (Kombuisafval) kan kompos vir die plante word.\n\nHerwinning sorg nie net vir 'n skoner omgewing nie, (5.1.13) (maar) ook vir 'n gesonder omgewing. Almal moet saamwerk om ons omgewing skoon te hou; selfs die (5.1.14) (kinders).\n\n[Verwerk uit huisgenoot.com]" ]
[ "A. material", "B. materiaal" ]
afrikaans
C
Die planete wentel rondom die son in 'n pad wat 'n ... genoem word.
[]
[ "(A) asteroïedegordel", "(B) sonnestelsel", "(C) baan", "(D) rotasie" ]
afrikaans
A
Identifiseer die beeldspraak in "Jou branders op die rotse stukkend slaan!" (versreël 8).
[ "Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.\n\n<b>Seesonnet</b>\nO magtige oseaan, jy wydgestrekte, \nOmsirkel deur die ongemetenheid, \nDiep in jou boesem rus die onontdekte; \nAlleen jou swaar gehyg verneem die tyd.\nO nooitvermoeide see wat immer-woelend, (versreël 5)\nGetye reёl na gange van die maan\nEn op die storm se stem ontstuimig spoelend, \nJou branders op die rotse stukkend slaan! \nO eew'ge deining van die Grote en Magt'ge! \nSo dein die breed sterk stroom van volle lewe (versreël 10)\nIn my klein hart. Ek nietigste Kristal,\nEk mag ook speel met glans van die ewig-pragt'ge. \nDie skepping het ook my sy doel gegewe: \nEen polsslag in die ritme van die heelal!\n\n[Uit: Gedigte]" ]
[ "(A) Personifikasi", "(B) Assonansie", "(C) Alliterasie", "(D) Vergelyking" ]
afrikaans
D
Skryf as 'n <b>heelgetal</b>. $( 5\ \times \ 10\ 000\ 000) \ +\ ( 2\ \times \ 1\ 000\ 000) \ +\ ( 7\ \times \ 100\ 000) \ \times \ ( 3\ \times \ 1)$
[]
[ "(A) 52 070 300", "(B) 52 700 030", "(C) 52 730 000", "(D) 52 700 003" ]
afrikaans
B
Die elektrostatiese krag tussen twee gelaaide voorwerpe is F. Die afstand tussen hulle word vermeerder. Hoe verander die elektrostatiese krag?
[]
[ "(A) Dit neem toe.", "(B) Dit neem af.", "(C) Dit bly dieselfde.", "(D) Nie een van bogenoemde nie." ]
afrikaans
B
Tydens 'n refleksaksie gaan impulse die rugmurg binne deur middel van 'n …
[]
[ "(A) sensoriese neuron deur die ventrale wortel van die rugmurgsenuwee.", "(B) sensoriese neuron deur die dorsale wortel van die rugmurgsenuwee", "(C) interneuron deur die ventrale wortel van die rugmurgsenuwee.", "(D) interneuron deur die dorsale wortel van die rugmurgsenuwee." ]
afrikaans
C
Mej. Mantewu het 48 leerders in haar klas. Daar is 36 meisies. Watter van die volgende is die verhouding seuns tot meisies?
[]
[ "(A) 1 : 4", "(B) 2 : 3", "(C) 1 : 3", "(D) 3 : 4" ]
afrikaans
A
Kies die KORREKTE antwoord. 'n Skouspelagtige verskynsel wat verlig word deur sy sentrale wit dwergster
[]
[ "(A) Planetêre nebula", "(B) Rooi reus", "(C) Wit dwerg", "(D) Die son", "(E) Nebula", "(F) Swart dwerg", "(G) Kernfusie / Kernversmelting" ]
afrikaans
C
Thandi ry 2 km, Sandy ry 1 575 m en Aviwe ry 3,5 km op hulle fietse na die skool. Wat is die totale afstand wat die drie kinders altesaam gery het?
[]
[ "(A) 7 km", "(B) 7 000 m", "(C) 7,075 km", "(D) 7 750 m" ]
afrikaans
D
Die stowwe voor die pyltie in 'n chemiese reaksie vergelyking word … genoem.
[]
[ "(A) produkte", "(B) sure", "(C) basisse", "(D) reaktante" ]
afrikaans
D
Die hoofdoel van die apartheidsbeleid was om ........
[]
[ "(A) ryk en arm te skei.", "(B) swart mense in Suid-Afrika op te lei.", "(C) gelykheid tussen rasse te bevorder.", "(D) mense te skei op grond van hulle ras." ]
afrikaans
A
Die choroïed …
[]
[ "(A) is ryklik van bloedvate voorsien.", "(B) bevat fotoreseptore.", "(C) breek die ligstrale.", "(D) stuur impulse na die brein." ]
afrikaans
B
Die breuk 24/36 kan in sy eenvoudigste vorm geskryf word as:
[]
[ "(A) 1/3", "(B) 2/3", "(C) 3/4", "(D) 4/9" ]
afrikaans
D
Wat is die waarde van $(\frac{2}{3})^{-3}$
[]
[ "(A) $\\frac{-6}{9}$", "(B) 5/6", "(C) 8/27", "(D) 27/8" ]
afrikaans
C
Die reaksie van magnesium (metaal) met suurstof sal altyd ʼn produk ... gee.
[]
[ "(A) magnesium soute", "(B) magnesium hydroksiede", "(C) magnesium oksiede", "(D) magnesium dioksiede" ]
afrikaans
B
Watter EEN van die volgende is 'n funksie van amniotiese vloeistof?
[]
[ "(A) Vervoer suurstof na die ontwikkelende fetus", "(B) Beskerm die fetus teen temperatuurveranderinge", "(C) Produseer progesteroon en estrogeen", "(D) Beskerm die fetus teen siektes" ]
afrikaans
D
Watter getal word deur $( 7\ \times \ 10\ 000) +( 6\ \ \times \ 1\ 000) +( 3\ \times \ 100) +( 1\ \times \ 1) $ verteenwoordig?
[]
[ "(A) 7 631", "(B) 70 631", "(C) 76 310", "(D) 76 301" ]
afrikaans
D
Die Magtigingswet van 1933...
[]
[ "(A) Het Hitler diktatoriale magte gegee", "(B) 'n Wet wat deur die Duitse Reichstag aanvaar is", "(C) Hitler die mag gegee om grondwetlike veranderinge aan te bring", "(D) Al bogenoemde" ]
afrikaans
B
'n Moontlike effek van aardverwarming is …
[]
[ "(A) korter nagte.", "(B) 'n styging in die seevlak.", "(C) koeler temperature.", "(D) langer dae." ]
afrikaans
D
Watter EEN van die volgende is die gesigsgebrek wat die gevolg van die onewe kromming van die kornea is?
[]
[ "(A) Katarakte", "(B) Versiendheid", "(C) Bysiendheid", "(D) Astigmatisme" ]
afrikaans
A
Watter EEN van die volgende toon die korrekte volgorde van 'n impuls vanaf die reseptor in 'n eenvoudige refleksboog?
[]
[ "(A) Sensoriese neuron deur die dorsale wortel -> motoriese neuron deur die ventrale wortel -> effektor", "(B) Motoriese neuron deur die dorsale wortel -> sensoriese neuron deur die ventrale wortel -> effektor", "(C) Sensoriese neuron deur die dorsale wortel -> effektor -> motoriese neuron deur die ventrale wortel", "(D) Effektor -> interneuron deur die dorsale wortel -> motoriese neuron deur die ventrale wortel" ]
afrikaans