text
stringlengths
7
437
’n Hip-hop trio wil die negatiewe uitkyk van die genre uitdaag deur hulle musiek met positiewe boodskappe te vul.
The High Breed, van Bristol, beweer dat hip-hop wegbeweeg het van sy oorsprong van politieke boodskappe en die aanpakking van maatskaplike kwessies.
Hulle wil terug na die fondamente toe gaan en bewuste hip-hop weer gewild maak.
Kunstenaars soos The Fugees en Common het ’n onlangse herrysing in die VK gesien deur kunstenaars soos Akala en Lowkey.
Nóg ’n swart persoon?!
NY-kinderjuffrou dagvaar paartjie omdat sy na “rasistiese” teks afgedank is
’n New York-kinderjuffrou dagvaar ’n paartjie vir diskriminerende afdanking nadat sy ’n verkeerd geadresseerde boodskap van die ma af ontvang het wie gekla het dat sy "nóg ’n swart persoon" was.
Die paartjie ontken dat hulle rassisties is en vergelyk die geding met "afpersing."
Lynsey Plasco-Flaxman, ’n ma van twee, het haar ontsteltenis gelug toe sy uitvind dat die nuwe kinderversorger, Giselle Maurice, swart was toe sy vir haar eerste werksdag in 2016 gearriveer het.
"NEEEEEEEEEEE NÓG ’N SWART PERSOON," het mev Plasco-Flaxman aan haar man in ’n boodskap geskryf.
Pleks dat sy dit aan haar man stuur, het sy dit egter twee keer aan me Maurice gestuur.
Nadat sy haar flater agtergekom het, het ’n "ongemaklike" Plasco-Flaxman me Maurice afgedank en gesê dat hulle uitgaande kinderjuffrou wat Afrika-Amerikaans was, slegte werk gedoen en dat sy eerder ’n Filippyner verwag het, volgens die New York Post.
Me Maurice is vir haar een dag se werk betaal en toe met ’n Uber huistoe gestuur.
Nou dagvaar Maurice die paartjie vir skadevergoeding oor die afdanking en soek sy skadevergoeding tot die bedrag van $350 per dag vir die ses maande, inwonende werkie waarvoor sy aanvanklik aangestel is, alhoewel dit sonder ’n kontrak was.
"Ek wil vir hulle wys, kyk, jy doen nie sulke goed nie," het sy Vrydag die Post vertel en bygevoeg "Ek weet dit is diskriminasie."
Die paartjie het teruggeslaan op die bewerings dat hulle rassisties is en gesê dat dit die redelike ding was om Maurice se indiensneming te beëindig en gevrees dat hulle haar nie sou kon vertrou nadat hulle haar beledig het nie.
"My vrou het vir haar iets gestuur wat sy nie bedoel het om te sê nie.
Sy is nie ’n rassis nie.
Ons is nie rassistiese mense nie," het man Joel Plasco die Post vertel.
"Maar sou jy jou kinders in die hande van iemand sit met wie jy onbeskof was, al was dit per abuis gewees?
Jou pasgebore baba?
Toe nou."
Plasco het die saak met “afpersing” vergelyk en gesê dat sy vrou oor twee maande ’n baba sou gehad het en in ’n “baie moeilike situasie” was."
"Gaan jy só ’n persoon agternasit?
Dis nie ’n baie mooi ding om te doen nie," het die beleggingsbankier bygevoeg.
Terwyl die regsaak nog voortgaan, was die hof van openbare opinie vinnig gewees om die paartjie op sosiale media aan te bring en hulle vir hulle gedrag en logika te kap.
’n Nuwe brief onthul dat Paddington-uitgewers gevrees het dat ’n pratende beer nie lesers in verband sou bring nie
Bond se dogter Karen Jankel, wie gebore is kort na die boek aanvaar is, het oor die brief gesê: "Dit is moeilik om jouself in die skoene te sit van iemand wat dit vir die eerste keer lees voordat dit gepubliseer is.
Dit is baie vermaaklik dié dat ons van Paddington se groot sukses weet."
Sy het gesê dat haar pa vurig sou gewees het as sy werk verwerp was. Hy was ’n BBC-kameraman gewees voor hy geïnspireer is om die kinderboek oor die klein speelgoedbeertjie te skryf. Sy het bygevoeg dat die 60ste herdenking van die boek se bekendmaking na sy dood laas jaar “bittersoet” was.
Oor Paddington, wie sy as ’n “baie belangrike lid van ons gesin" beskryf, het sy bygevoeg dat haar pa stilletjies trots op sy eindelike sukses was.
"Hy was nogal ’n stil man gewees en hy was nie ’n appelgaaierige mens nie," het sy gesê.
"Maar omdat Paddington eg vir hom was, was dit amper asof mens ’n kind het wat iets bereik het: jy is trots op hulle, selfs al is dit nie jou werk nie.
Ek dink hy het Paddington se sukses soort van op daardie manier beskou.
Al was dit sy skepping en verbeelding gewees, het hy altyd die eer vir Paddington self gegee."
My dogter was besig om dood te gaan en ek moes oor die foon groet
Toe sy geland het, is haar dogter na Nice se Louis Pasteur 2-hospitaal gejaag waar dokters tevergeefs gewerk het om haar lewe te red.
"Nad het gereeld gebel om te sê dat dit rêrig sleg was, dat hulle nie verwag het dat sy dit sou maak nie," het mev Ednan-Laperouse gesê.
"Toe kry ek die oproep van Nad af om te sê dat sy binne die volgende twee minute sou doodgaan en dat ek haar moes groet het.
En ek het.
Ek het gesê, "Tashi, ek is baie lief vir jou, hartlam.
Ek sal binnekort saam met jou wees.
Ek sal by jou wees.
Die medisyne wat die dokters haar gegee het om haar hart aan die klop te hou was stadig besig om op te raak en haar sisteem te verlaat.
Sy is ’n rukkie voor dit dood en die liggaam was besig om af te sluit.
Ek moes net daar sit en wag, wetend dat dit als ontvou.
Ek kon nie tjank of skree of huil nie, omdat ek in ’n situasie was waar ek deur families en mense omring was.
Ek moes dit regtig byeenhou."
Uiteindelik het mev Ednan-Laperouse, wie teen dié tyd seer was vir die verlies van haar dogter, saam met die ander passasiers aan boord die vliegtuig gegaan - onbewus van die beproewing waardeer sy gegaan het.
"Niemand het geweet nie," het sy gesê.
"Ek het my kop gesak gehad en die trane het die heeltyd geval.
Dis moeilik om te verduidelik, maar ek het op die vlug ’n oorweldigende simpatieke gevoel vir Nad gekry.
Dat hy my liefde en begrip nodig gehad het.
Ek het geweet hoeveel hy haar lief gehad het."
Treurende vroue pos kaarte om selfmoorde op brug te voorkom
Twee vroue wat geliefdes weens selfmoord verloor het, werk daaraan om ander te verhoed om hulle eie lewens te vat.
Sharon Davis en Kelly Humphreys pos kaarte al vir ’n rukkie lank op ’n Walliese-brug met inspirerende boodskappe en foonnommers wat mense vir ondersteuning kan bel.
Me Davis se seun Tyler was 13 gewees toe hy aan depressie begin lei het en het homself op 18 doodgemaak.
"Ek wil hê dat geen ouer moet voel soos ek elke dag voel nie," het sy gesê.
Me Davis, 45, woon in Lydney en het gesê dat haar seun ’n belowende sjef met ’n aansteeklike glimlag was.
“Almal het hom vir sy glimlag geken.
Hulle het altyd gesê dat sy glimlag enige vertrek verhelder het."
Hy het egter werk opgegee voordat hy dood is, omdat hy “in ’n baie donker plek” was.
In 2014, het Tyler se broer, wie destyds 11 was, sy broer gevind na hy sy eie lewe geneem het.
Me Davis het gesê: "Ek bekommer my aanhoudend dat daar ’n domino-effek gaan wees."
Me Davis het die kaarte ontwerp, "om mense te laat weet dat daar mense daar buite is na wie jy toe kan gaan en met wie jy kan praat, al is dit ’n vriend.
Moenie in stilte sit nie - jy moet praat.”
Me Humphreys, wat al vir jare ’n vriendin van Me Davies is, het Mark verloor, haar eggenoot van 15 jaar, nie lank na die dood van sy ma nie.
"Hy het nie gesê dat hy siek voel of depressief is of enigiets nie," het sy gesê.
"’n Paar dae voor Kersfees het ons ’n verandering in sy houding opgemerk.
Hy het op Kersdag die allerlaagste punt bereik - toe die kinders hulle geskenke oopgemaak het, het hy nie oogkontak of iets met hulle gemaak nie."
Sy het gesê sy dood was baie traumaties vir hulle gewees, maar dat hulle daardeur moes werk: "Dit ruk ’n gat deur die familie.
Dit skeur ons uiteen.
Maar ons moet almal aangaan en veg."
As jy sukkel, kan jy gratis Samaritans skakel op 116 123 (VK en Ierland), e-pos jo@samaritans.org, of besoek die Samaritans-webwerf hier.
Brett Kavanaugh se toekoms is nog onbeslis soos FBI ondersoek begin
"Ek het gedink as ons eintlik iets kon kry soos waarvoor hy gevra het - ’n tydlose ondersoek wat geen bestek het nie - kon ons dalk ’n bietjie eenheid bring," het Mr Flake Saterdag gesê en bygevoeg dat hy gevrees het dat die komitee besig was om "uitmekaar te val" onder verskanste partisaan opeenhoping.
Hoekom wou mnr Kavanaugh en sy Republikein-ondersteuners nie gehad het die FBI ondersoek moes instel nie?
Hulle teensinnigheid is alles weens tydsberekening.
Die tussenverkiesings is slegs weke weg, op 6 November - indien, soos daar verwag word, die Republikeine sleg vaar, dan sal hulle erg verswak word in hulle pogings om die man te kry wat hulle na die hoogste hof in die land verkies wil hê.
George W. Bush bel senatore om hulle te beïnvloed om mnr Kavanaugh te ondersteun, wie in die Withuis gewerk het en wat deur hom sy vrou Ashley ontmoet het en mnr Bush se persoonlike sekretaresse was.
Wat gebeur nadat die FBI sy verslag opgelewer het?
Daar sal ’n stemmery in die senaat wees, waar 51 Republikeine en 49 Demokrate huidiglik sit.
Dis nog nie duidelik of mnr Kavanaugh tot by ten minste 50 stemme op die senaat-vloer kan kom nie wat Mike Pence, die visepresident, sal toelaat om ’n gelykopspel te breek en hom tot die Hooggeregshof te bevestig.
Noord-Korea oorloper getalle ‘daal’ onder Kim
Die aantal Noord-Koreaanse oorlopers na Suid-Korea het gedaal sedertdien Kim Jong-un sewe jaar gelede aan die bewind gekom het, het ’n Suid-Koreaanse wetgewer gesê.
Park Byeong-seug het data vanaf die Suid se unifikasiekabinet aangehaal en gesê dat daar laas jaar 1,127 oorlopings was - in vergelyking met 2,706 in 2011.
Mnr Park het gesê strenger grensbeheer tussen Noord-Korea en Sjina en hoër tariewe wat deur mensesmokkelaars gevra word, is sleutelfaktore gewees.
Pyongyang het geen openbare kommentaar gelewer nie.
Die groot meerderheid oorlopers vanaf die Noorde word eindelik Suid-Korea-burgerreg aangebied.
Seoul sê meer as 30,000 Noord-Koreaaners het onwettig die grens oorgeloop sedert die einde van die Koreaanse oorlog in 1953.
Meeste vlug via Sjina, wat die langste grens met Noord-Korea het en is makliker om oor te loop as die hoogsbeskermende gedemilitariseerde sone (DMS) tussen die twee Koreas.
Sjina ag die oorlopers as onwettige immigrante eerder as vlugtelinge en repatrieer hulle dikwels met geweld.
Betrekkinge tussen die Noord en die Suid - wie steeds tegnies gesproke in oorlog met mekaar is - het in onlangse maande opvallend verbeter.
Vroeër hierdie maand, het die leiers van die twee lande in Pyongyang ontmoet vir gesprekke wat rondom die stakende onderhandelinge oor die verwydering van kernwapens gesentreer het.
Dit het gekom na die historiese vergadering in Junie tussen US-president Donald Trump en Kim Jong-un in Singapoer toe hulle in breë terme saamgestem het om saam te werk vir die kernvrye Koreaanse skiereiland.
Maar Noord-Koreaanse Minister van Buitelandse Sake Ri Yong-ho het Saterdag US-sanksies geblameer vir die gebrek aan vordering sedertdien.
“Sonder enige vertroue in die US, sal daar geen vertroue in ons nasionale sekuriteit wees nie en onder sulke omstandighede, is daar geen manier dat ons eensydig onsself eerste sal ontwapen nie,” het mnr Ri in ’n toespraak aan die VN-algemene vergadering in New York gesê.
Nancy Pelosi noem Brett Kavanaugh “histeries”, sê hy is onbevoeg om op die Hooggeregshof te dien
Huis minderheidsleier Nancy Pelosi het Hooggeregshof-genomineerde Brett Kavanaugh “histeries” genoem en gesê dat hy temperamenteel onbevoeg was om op die Hooggeregshof te dien.