authors
sequencelengths
0
10
date_download
stringlengths
25
25
date_modify
float64
date_publish
stringlengths
19
19
description
stringlengths
1
54.5k
filename
stringlengths
27
3.17k
image_url
stringlengths
22
365k
language
stringclasses
44 values
localpath
float64
title
stringlengths
1
200
title_page
float64
title_rss
float64
source_domain
stringlengths
5
120
maintext
stringlengths
56
100k
url
stringlengths
16
1.99k
fasttext_language
stringclasses
19 values
date_publish_final
stringlengths
9
10
path
stringlengths
75
190
list_text
sequencelengths
2
3
[]
2016-09-27 09:47:27+00:00
null
2016-09-27 11:41:28
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fklere-vir-elke-troue%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Swart-rok-355x415.jpg
en
null
Klere vir elke troue
null
null
www.rooirose.co.za
Swart formeel (Black Tie) Die dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk in ’n lang rok? Formeel Formeel is ’n bietjie minder formeel as swart formeel. Jy kan ’n effens meer informele lang rok dra, of ’n elegante skemerkelkie-rok. En ja, jy mag swart dra na ’n troue! Maar vermy wit, tensy die uitnodiging uitdruklik sê gaste moet. Jy kan ook ’n broek dra na die formele geleentheid. Die broek moet egter noupassend wees, verkieslik in blink swart en die bloes daarby moet ’n absolute trofee van ’n bloes wees. Semi-formeel Jy wil verkieslik nie ’n rok koop wat jy nooit weer kan dra of net na troues sal kan dra nie. Dis nou jou kans om ’n skemerkelkie-rok met kleur of patrone, of ’n sjiek romp en mooi bloes, wat jy na die werk werk toe kan dra, te koop. ’n Sonrok vol persoonlikheid wat kan gaan van dag tot nag is ook ’n wenner vir ’n lente/somer troue. Deftig-informeel Deftig-informeel is een van die mees algemene en tog verwarrendste opsies. Gewoontlik is ’n romp en bloes of langrboek en bloes ’n goeie keuse. Indien jou uitrusting ’n bietjie meer informeel is, moet jou bykomstigehede meer deftig wees. Soos ’n langbroek en bloes met hoëhakskoene, ’n blazer en palmtassie (clutch). ’n Eenstuk (jumpsuit) is ook ’n wenner vir deftig informele troues. As jy ’n rok wil dra, hou dit eenvoudig en los jou rok met blinkers by die huis. Versier dit met ’n bonkige halssnoer en hakke. Strand-troue Hou die elemente van ’n strand-troue in gedagte, soos die wind wat moontlik kan waai. Vermy kort rokkies wat kan opwaai. ’n Sjiek midi sonrok met ’n paar sandale is ’n ideale opsie. ’n Wyerand sonhoed kan ook baie pret en stylvol wees.
http://www.rooirose.co.za/klere-vir-elke-troue/
af
2016-09-27
www.rooirose.co.za/49e2ad70f3b584d8e2b51d6779e57a375416a5bb0f8dee5370e4ee2b6a28d615.json
[ "Swart formeel (Black Tie)\nDie dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk in ’n lang rok?\nFormeel\nFormeel is ’n bietjie minder formeel as swart formeel. Jy kan ’n effens meer informele lang rok dra, of ’n elegante skemerkelkie-rok. En ja, jy mag swart dra na ’n troue! Maar vermy wit, tensy die uitnodiging uitdruklik sê gaste moet. Jy kan ook ’n broek dra na die formele geleentheid. Die broek moet egter noupassend wees, verkieslik in blink swart en die bloes daarby moet ’n absolute trofee van ’n bloes wees.\nSemi-formeel\nJy wil verkieslik nie ’n rok koop wat jy nooit weer kan dra of net na troues sal kan dra nie. Dis nou jou kans om ’n skemerkelkie-rok met kleur of patrone, of ’n sjiek romp en mooi bloes, wat jy na die werk werk toe kan dra, te koop. ’n Sonrok vol persoonlikheid wat kan gaan van dag tot nag is ook ’n wenner vir ’n lente/somer troue.\nDeftig-informeel\nDeftig-informeel is een van die mees algemene en tog verwarrendste opsies. Gewoontlik is ’n romp en bloes of langrboek en bloes ’n goeie keuse. Indien jou uitrusting ’n bietjie meer informeel is, moet jou bykomstigehede meer deftig wees. Soos ’n langbroek en bloes met hoëhakskoene, ’n blazer en palmtassie (clutch). ’n Eenstuk (jumpsuit) is ook ’n wenner vir deftig informele troues. As jy ’n rok wil dra, hou dit eenvoudig en los jou rok met blinkers by die huis. Versier dit met ’n bonkige halssnoer en hakke.\nStrand-troue\nHou die elemente van ’n strand-troue in gedagte, soos die wind wat moontlik kan waai. Vermy kort rokkies wat kan opwaai. ’n Sjiek midi sonrok met ’n paar sandale is ’n ideale opsie. ’n Wyerand sonhoed kan ook baie pret en stylvol wees.", "Klere vir elke troue" ]
[]
2016-09-26 22:04:06+00:00
null
2016-09-23 16:59:33
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fvisieprobleme-kinders-wat-jy-moet-weet%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Jong-kind-met-kamera-355x415.jpg
en
null
Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet
null
null
www.rooirose.co.za
Net soos wat kinders moet leer loop en praat, moet hulle ook visuele vaardighede aanleer om hul omgewing te verstaan. Volgens ’n 2014-studie deur die WHO (Organisasie van Wêreldgesondheid), het ongeveer 19 miljoen kinders wêreldwyd visieprobleme waarvan 12 miljoen kinders se oogkondisies gekorrigeer kon geword het as hulle gereelde oogondersoeke ondergaan het. Teen die tyd dat ’n ouer besef sy/haar kind het ’n visieprobleem, het die kind se visuele skerpte al met meer as 60% verminder. Hoe vroeër ’n oogprobleem deur ’n oogkundige gediagnoseer word, hoe vroeër kan dit behandel word. 8 tekens dat jou kleinding (onder 3) ’n oogprobleem kan hê • Lyk hy/sy gemaklik wanneer hy/sy televisie kyk? • Hou hy/sy gereeld sy/haar kop skuins? • Trek sy/haar oë op skrefies? • Kyk hy/sy buite na voorwerpe of voëltjies as hy/sy hulle hoor kwetter – volg hy/sy die omgewing met sy/haar oë? • Vermy hy/sy lig of reageer nie wanneer ’n lig skyn nie? • Vryf die oë obsessief met vingers en trek gesigte? • Draai die oë sonder om op iets te fokus? • Vat of gryp voorwerpe mis? Strabismus, beter bekend as ‘skeeloë’, is wanneer die oë inwaarts draai of as oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n ‘Lui oog’ kan sodoende ontwikkel as ’n kind voorkeur gee aan die oog wat duideliker beelde gee en die ander oog verwaarloos. Die verwaarloosde oog ontwikkel dan nie sy visuele skerpte nie. 5 tekens van visuele probleme in ouer kinders (ouderdomme 4+) • Die kind val gereeld oor sy/haar voete en hardloop teen meubels vas. • Sukkel meer om te sien wanneer dit skemer raak en donker is. • Die kind hou nie daarvan om te lees nie. • Die kind isoleer hom-/haarself van ander kinders. • Herhalende hoofpyne. Ernstige oogprobleme in kinders waarvan ouers bewus moet wees Die volgende vyf toestande is slegs enkele oogprobleme wat kinders ervaar en wat behandeling mag nodig hê. Raadpleeg jou oogkundige as jy enige van hierdie oogprobleme by jou kind opmerk. Ambliopie Dit is gewoonlik die oorsaak van strabismus en kom voor as die oë gedraai is of as die oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n Oogkundige sal die regte behandeling voorstel. Versiendheid (hiperopia) Die kind kan vêr voorwerpe maklik herken, maar vind dit moeilik om op naby voorwerpe te fokus. Dit veroorsaak hoofpyne, rooi oë, ’n lae konsenstrasievermoë en rusteloosheid. Kinders word ook vinnig moeg as hulle lees of skryf. Die toestand kan wel verbeter soos kinders ouer word. Bysiendheid (miopie) Die kind sukkel om op vêr voorwerpe te fokus as gevolg van die veranderde vorm van die oog. Bysiende kinders gee meer aandag aan naby voorwerpe maar trek gereeld hul oë op skrefies of knip hul oë gereeld as hulle op vêr voorwerpe probeer fokus. Astigmatisme Dit is ’n ongewone kurwe van die kornea, die buitenste, rondvormige oppervlak van die oog. Afhangend van die ernstigheid van die kornea se ongewone vorm, kan voorwerpe verdof, verdraai of skuins voorkom. Konjunktivitis (pienkoog) Dit is die ontsteking van die buitenste wit oppervlak van die oog en die binneste rand van die ooglede. Dit word gewoonlik deur bakterieë en aansteeklike infeksies of allergiese reaksies veroorsaak. Die oog lyk rooi of pienk, oë is jeukerig en geïrriteerd en ’n afskeiding verskyn in beide oë. Inligting verskaf deur Mellins i Style.
http://www.rooirose.co.za/visieprobleme-kinders-wat-jy-moet-weet/
af
2016-09-23
www.rooirose.co.za/0a0320ab9be29dfd8bbcba46306fa03c1d5b631cb18822606b8372efe2a03de2.json
[ "Net soos wat kinders moet leer loop en praat, moet hulle ook visuele vaardighede aanleer om hul omgewing te verstaan. Volgens ’n 2014-studie deur die WHO (Organisasie van Wêreldgesondheid), het ongeveer 19 miljoen kinders wêreldwyd visieprobleme waarvan 12 miljoen kinders se oogkondisies gekorrigeer kon geword het as hulle gereelde oogondersoeke ondergaan het.\nTeen die tyd dat ’n ouer besef sy/haar kind het ’n visieprobleem, het die kind se visuele skerpte al met meer as 60% verminder. Hoe vroeër ’n oogprobleem deur ’n oogkundige gediagnoseer word, hoe vroeër kan dit behandel word.\n8 tekens dat jou kleinding (onder 3) ’n oogprobleem kan hê\n• Lyk hy/sy gemaklik wanneer hy/sy televisie kyk?\n• Hou hy/sy gereeld sy/haar kop skuins?\n• Trek sy/haar oë op skrefies?\n• Kyk hy/sy buite na voorwerpe of voëltjies as hy/sy hulle hoor kwetter – volg hy/sy die omgewing met sy/haar oë?\n• Vermy hy/sy lig of reageer nie wanneer ’n lig skyn nie?\n• Vryf die oë obsessief met vingers en trek gesigte?\n• Draai die oë sonder om op iets te fokus?\n• Vat of gryp voorwerpe mis?\nStrabismus, beter bekend as ‘skeeloë’, is wanneer die oë inwaarts draai of as oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n ‘Lui oog’ kan sodoende ontwikkel as ’n kind voorkeur gee aan die oog wat duideliker beelde gee en die ander oog verwaarloos. Die verwaarloosde oog ontwikkel dan nie sy visuele skerpte nie.\n5 tekens van visuele probleme in ouer kinders (ouderdomme 4+)\n• Die kind val gereeld oor sy/haar voete en hardloop teen meubels vas.\n• Sukkel meer om te sien wanneer dit skemer raak en donker is.\n• Die kind hou nie daarvan om te lees nie.\n• Die kind isoleer hom-/haarself van ander kinders.\n• Herhalende hoofpyne.\nErnstige oogprobleme in kinders waarvan ouers bewus moet wees\nDie volgende vyf toestande is slegs enkele oogprobleme wat kinders ervaar en wat behandeling mag nodig hê. Raadpleeg jou oogkundige as jy enige van hierdie oogprobleme by jou kind opmerk.\nAmbliopie\nDit is gewoonlik die oorsaak van strabismus en kom voor as die oë gedraai is of as die oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n Oogkundige sal die regte behandeling voorstel.\nVersiendheid (hiperopia)\nDie kind kan vêr voorwerpe maklik herken, maar vind dit moeilik om op naby voorwerpe te fokus. Dit veroorsaak hoofpyne, rooi oë, ’n lae konsenstrasievermoë en rusteloosheid. Kinders word ook vinnig moeg as hulle lees of skryf. Die toestand kan wel verbeter soos kinders ouer word.\nBysiendheid (miopie)\nDie kind sukkel om op vêr voorwerpe te fokus as gevolg van die veranderde vorm van die oog. Bysiende kinders gee meer aandag aan naby voorwerpe maar trek gereeld hul oë op skrefies of knip hul oë gereeld as hulle op vêr voorwerpe probeer fokus.\nAstigmatisme\nDit is ’n ongewone kurwe van die kornea, die buitenste, rondvormige oppervlak van die oog. Afhangend van die ernstigheid van die kornea se ongewone vorm, kan voorwerpe verdof, verdraai of skuins voorkom.\nKonjunktivitis (pienkoog)\nDit is die ontsteking van die buitenste wit oppervlak van die oog en die binneste rand van die ooglede. Dit word gewoonlik deur bakterieë en aansteeklike infeksies of allergiese reaksies veroorsaak. Die oog lyk rooi of pienk, oë is jeukerig en geïrriteerd en ’n afskeiding verskyn in beide oë.\nInligting verskaf deur Mellins i Style.", "Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet" ]
[]
2016-09-28 12:00:46+00:00
null
2016-09-28 12:22:11
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsuid-afrikaanse-storie%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/heritage_1670-355x415.jpg
en
null
My Suid-Afrikaanse storie
null
null
www.rooirose.co.za
My Afrikaanse erfenis, veral soos deur my ma verpersoonlik, is gekenmerk deur warmte en omgee. Of ek nou van die skool af tuisgekom het, of – heelwat later – saam met my eie kinders by haar gaan kuier het, sy sou ons vasdruk en uitvra oor elke klein aspek van ons lewe. Elke gereg wat sy voorberei het, was deurspek met haar bedagsaamheid, en elke koppie vroegoggendtee sou ’n klein blommetjie op die piering hê, spesiaal vir jou. Ek het in Pietersburg, nou Polokwane, op die Grootpad na die Noorde grootgeword. Ek was gelukkig om op te groei in ’n omgewing wat innerlike krag eerder as brute geweld voorgestaan het, en waar sagtheid nooit as ’n swakheid ervaar is nie. Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer. My fisieke kenmerke is deel van my erfenis: dit blyk dat Afrikaanse vroue, of dan wel dié in my familie, nooit tevrede is met die hare waarmee hul gebore is nie! Natuurlike krulle moet eenvoudig gladgemaak word en gladde hare gekrul word! Dit spreek vanself dat ’n hele klomp van hulle glad nie meer hul oorspronklike haarkleur kan onthou nie. Afrikaanse vroue is vasbyters, selfonderhoudend en met ’n sterk vermoë om moeilikheid te bowe te kom. So baie van hierdie sterk vroue het my help vorm: van my ma tot vriendinne en kollegas … Of hulle nou jonger of ouer was, ek het soveel inspirasie van die lewenskrag gekry van hierdie unieke vroue wat eie is aan ons kultuur. Die kernwaarde waarop ons almal steun van generasie tot generasie is dat familie eerste kom en dat ons eers mekaar moet help voor ons na buite uitreik; dat ons altyd met integriteit moet optree en die diverse en unieke vroue van ons land dra en ondersteun. “Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.” Wat is spesiaal omtrent jou erfenis? Deel jou storie met ons op Facebook, Twitter of Instagram en gebruik die hutsmerke #HERitage #Ponds #HeritageDay
http://www.rooirose.co.za/suid-afrikaanse-storie/
af
2016-09-28
www.rooirose.co.za/5aac4895a2fad5f0dc2afdedc2d8674be8355d089a6d86236206ccc15e93839c.json
[ "My Afrikaanse erfenis, veral soos deur my ma verpersoonlik, is gekenmerk deur warmte en omgee. Of ek nou van die skool af tuisgekom het, of – heelwat later – saam met my eie kinders by haar gaan kuier het, sy sou ons vasdruk en uitvra oor elke klein aspek van ons lewe. Elke gereg wat sy voorberei het, was deurspek met haar bedagsaamheid, en elke koppie vroegoggendtee sou ’n klein blommetjie op die piering hê, spesiaal vir jou.\nEk het in Pietersburg, nou Polokwane, op die Grootpad na die Noorde grootgeword. Ek was gelukkig om op te groei in ’n omgewing wat innerlike krag eerder as brute geweld voorgestaan het, en waar sagtheid nooit as ’n swakheid ervaar is nie. Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.\nMy fisieke kenmerke is deel van my erfenis: dit blyk dat Afrikaanse vroue, of dan wel dié in my familie, nooit tevrede is met die hare waarmee hul gebore is nie! Natuurlike krulle moet eenvoudig gladgemaak word en gladde hare gekrul word! Dit spreek vanself dat ’n hele klomp van hulle glad nie meer hul oorspronklike haarkleur kan onthou nie.\nAfrikaanse vroue is vasbyters, selfonderhoudend en met ’n sterk vermoë om moeilikheid te bowe te kom. So baie van hierdie sterk vroue het my help vorm: van my ma tot vriendinne en kollegas … Of hulle nou jonger of ouer was, ek het soveel inspirasie van die lewenskrag gekry van hierdie unieke vroue wat eie is aan ons kultuur.\nDie kernwaarde waarop ons almal steun van generasie tot generasie is dat familie eerste kom en dat ons eers mekaar moet help voor ons na buite uitreik; dat ons altyd met integriteit moet optree en die diverse en unieke vroue van ons land dra en ondersteun.\n“Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.”\nWat is spesiaal omtrent jou erfenis? Deel jou storie met ons op Facebook, Twitter of Instagram en gebruik die hutsmerke #HERitage #Ponds #HeritageDay", "My Suid-Afrikaanse storie" ]
[]
2016-09-20 11:34:44+00:00
null
2016-09-20 12:56:15
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fteenveroudering-die-beste-raad%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Velsorg-355x415.jpg
en
null
Teenveroudering: die beste raad
null
null
www.rooirose.co.za
Grace Mantjiu (skoonheid- en gesondheidsredakteur van Essentials) Grace se top teenveroudering-wenke 1. Vermy die son en dra daagliks ’n goeie sonskerm (in somer sowel as winter). Belê in goeie sonbrille met UV-beskerming. Skerp sonlig (wat jou frons veroorsaak), kan bydra tot fyn plooie om jou oë. 2. Sluit ’n produk met retinol by jou aand-skoonheidsroetiene in, dit verbeter jou vel se tekstuur, en vermeerder die produksie van kollageen. 3. Water, water, water! Ek weet almal sê dit, maar dit werk beslis vir my. Ek dra my waterbottel oral saam met my rond: in my kar, op my lessenaar en selfs op my bedkassie. Die voordele? Gesonde vel, kleiner porieë en geen puisies. Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte? Ek is gaande oor die Elizabeth Arden Ceramide Overnight Firming Mask (R685), ’n masker met ’n ligte roomtekstuur wat saans aan my vel werk terwyl ek slaap. In die oggend voel my vel gehidreer, fermer en meer glansend. Ek het ’n droë vel, daarom gebruik ek graag olies. Dit is super hidrerend omdat dit die vel goed binnedring. Vir my gesig gebruik ek graag L’Oreal Paris se Extraordinary Facial Oil (R249,95) en vir my lyf Nivea Q10 Firming Body Oil (R109,99 vir 200 ml) Tracey Kroukamp (skoonheidsredakteur Woman & Home) Tracey se top teenveroudering-wenke 1. As jy soggens te min tyd het om beide ’n serum en bevogtiger aan te wend, kies eerder die bevogtiger wat jou vel gehidreer sal hou en teen omgewingsfaktore deur die loop van die dag sal beskerm. 2. Wend jou oogroom aan van die buitehoeke van jou oë na die binnehoeke, dit verhoed dat jy jou vel kreukel en trek. 3. Volg ’n gesonde dieet en drink baie water! Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte? Ek het op die oomblik drie gunstelinge: Skinderm se Anti-Ageing Elixir (R580 beskikbaar by Perfect 10-salonne). Clarins se Double Serum (R825) en vir my oë Estee Lauder New Dimension Eye Cream (R1 040). Hierdie produkte voel fantasties op my vel maar meer belangrik is die verskil wat ek aan my vel agterkom! Carli Prinsloo (skonheidsredakteur People Magazine) Carli se top teenveroudering-wenke 1. In al my teenveroudering-navorsing as skoonheidsredakteur is dit duidelik en al die kenners is dit eens – sonskerm is een van die belangrikste wapens! My wenk: moenie by jou gesig stop nie, gebruik sonskerm op rekmerke en letsels om te keer dat dit donkerder raak. 2. Retinol is die een moet-hê bestanddeel vir vroue wat op soek is na ’n sterk teenveroudering-produk, dit verminder die voorkoms van fyn lyne en hou jou vel jonk. 3. Maak seker jy kry genoeg slaap. Te min slaap sal jou beslis ouer laat voorkom. Jou liggaam het slaap nodig om te herstel na jou dag se aktiwiteite! Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte? ’n Moet in my velsorgroetine is beslis ’n oogroom. Ek hou van Time Filler Eyes (R835 vir 15 ml) van die Franse velsorgreeks Filorga. Dit werk fantasties vir plooie om die oë (selfs op jou ooglede), en boonop sorg dit vir voller, sagter en langer wimpers. Ek hou veral van die super romerige tekstuur en hidrerende effek op my oë. 2016 se opwindende teenverouderingsprodukte Clarins se jongste teenveroudering-masker verseker dat jou vel na 10 minute meer ontspanne voorkom. Hul navorsing het getoon dat 76% van vroue se ‘spanningsplooie’ meer versag het, 75% van die vroue stem saam dat hul vel meer ferm voel en 92% sê hul vel lyk varser en minder moeg. Die Clarins Extra Firming Mask word ook op ’n spesifieke metode aangewend om die beste resultaat te verkry. Die jongste toevoeging tot L’Oreal Paris is hul Golden Age-teenverouderingreeks. Die unieke formule bestanddele van kalsium B5, pieonroos en iris-ekstrak is spesiaal ontwerp vir die ouer vel. Namate ons ouer word, verloor ons vel daardie gewenste gesonde glans. Hierde reeks beloof om hidrasie aan die vel terug te besorg, veldigtheid te bevorder en ’n gesonde glansende gelaat te skep. Hierdie oogroom se bestanddele van vitamiene, aminosure, peptiedes en kollageen werk saam teen powwerige oë, ongewenste donker kringe en fyner lyne rondom jou oë. Gatineau se navorsing toon dat na 4 weke se gebruik het 77% van vroue gestem hul oë lyk minder pofferig en 74% meen dat hul donker kringe sagter lyk. Hierdie nuwe retinol-formule van Placecol werk om die vel se voorkoms van fyn lyne en plooie te versag terwyl dit die vel se tekstuur verbeter. Met gereelde gebruik, beloof die serum om verder die voorkoms van ouderdomsvlekke en pigmentasie te verminder en ook jou vel glansend te laat. ’n Ouer vel sukkel ook gewoonlik met droogheid wat nie meer effektief vog behou nie omdat sel- en lipiede-regenerasie afneem. Daarom is fyn lyne en plooie ook meer sigbaar. Die Skinceuticals Triple Lidid Restore se unieke formule van seramiede (2%), cholesterol (4%), en vetsure (2%), werk saam om die sperfunskie van die vel dramaties te verbeter. Die room verseker hidrasie en om volheid aan die vel te herstel vir ’n meer soepel en jonger stralende gelaat.
http://www.rooirose.co.za/teenveroudering-die-beste-raad/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/bb01fbda53ba16dd72b74612d9a77dd410bc542abdc6e570bce43a358dcb4211.json
[ "Grace Mantjiu (skoonheid- en gesondheidsredakteur van Essentials)\nGrace se top teenveroudering-wenke\n1. Vermy die son en dra daagliks ’n goeie sonskerm (in somer sowel as winter). Belê in goeie sonbrille met UV-beskerming. Skerp sonlig (wat jou frons veroorsaak), kan bydra tot fyn plooie om jou oë.\n2. Sluit ’n produk met retinol by jou aand-skoonheidsroetiene in, dit verbeter jou vel se tekstuur, en vermeerder die produksie van kollageen.\n3. Water, water, water! Ek weet almal sê dit, maar dit werk beslis vir my. Ek dra my waterbottel oral saam met my rond: in my kar, op my lessenaar en selfs op my bedkassie. Die voordele? Gesonde vel, kleiner porieë en geen puisies.\nWat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?\nEk is gaande oor die Elizabeth Arden Ceramide Overnight Firming Mask (R685), ’n masker met ’n ligte roomtekstuur wat saans aan my vel werk terwyl ek slaap. In die oggend voel my vel gehidreer, fermer en meer glansend.\nEk het ’n droë vel, daarom gebruik ek graag olies. Dit is super hidrerend omdat dit die vel goed binnedring. Vir my gesig gebruik ek graag L’Oreal Paris se Extraordinary Facial Oil (R249,95) en vir my lyf Nivea Q10 Firming Body Oil (R109,99 vir 200 ml)\nTracey Kroukamp (skoonheidsredakteur Woman & Home)\nTracey se top teenveroudering-wenke\n1. As jy soggens te min tyd het om beide ’n serum en bevogtiger aan te wend, kies eerder die bevogtiger wat jou vel gehidreer sal hou en teen omgewingsfaktore deur die loop van die dag sal beskerm.\n2. Wend jou oogroom aan van die buitehoeke van jou oë na die binnehoeke, dit verhoed dat jy jou vel kreukel en trek.\n3. Volg ’n gesonde dieet en drink baie water!\nWat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?\nEk het op die oomblik drie gunstelinge: Skinderm se Anti-Ageing Elixir (R580 beskikbaar by Perfect 10-salonne). Clarins se Double Serum (R825) en vir my oë Estee Lauder New Dimension Eye Cream (R1 040). Hierdie produkte voel fantasties op my vel maar meer belangrik is die verskil wat ek aan my vel agterkom!\nCarli Prinsloo (skonheidsredakteur People Magazine)\nCarli se top teenveroudering-wenke\n1. In al my teenveroudering-navorsing as skoonheidsredakteur is dit duidelik en al die kenners is dit eens – sonskerm is een van die belangrikste wapens! My wenk: moenie by jou gesig stop nie, gebruik sonskerm op rekmerke en letsels om te keer dat dit donkerder raak.\n2. Retinol is die een moet-hê bestanddeel vir vroue wat op soek is na ’n sterk teenveroudering-produk, dit verminder die voorkoms van fyn lyne en hou jou vel jonk.\n3. Maak seker jy kry genoeg slaap. Te min slaap sal jou beslis ouer laat voorkom. Jou liggaam het slaap nodig om te herstel na jou dag se aktiwiteite!\nWat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?\n’n Moet in my velsorgroetine is beslis ’n oogroom. Ek hou van Time Filler Eyes (R835 vir 15 ml) van die Franse velsorgreeks Filorga. Dit werk fantasties vir plooie om die oë (selfs op jou ooglede), en boonop sorg dit vir voller, sagter en langer wimpers. Ek hou veral van die super romerige tekstuur en hidrerende effek op my oë.\n2016 se opwindende teenverouderingsprodukte\nClarins se jongste teenveroudering-masker verseker dat jou vel na 10 minute meer ontspanne voorkom. Hul navorsing het getoon dat 76% van vroue se ‘spanningsplooie’ meer versag het, 75% van die vroue stem saam dat hul vel meer ferm voel en 92% sê hul vel lyk varser en minder moeg. Die Clarins Extra Firming Mask word ook op ’n spesifieke metode aangewend om die beste resultaat te verkry.\nDie jongste toevoeging tot L’Oreal Paris is hul Golden Age-teenverouderingreeks. Die unieke formule bestanddele van kalsium B5, pieonroos en iris-ekstrak is spesiaal ontwerp vir die ouer vel. Namate ons ouer word, verloor ons vel daardie gewenste gesonde glans. Hierde reeks beloof om hidrasie aan die vel terug te besorg, veldigtheid te bevorder en ’n gesonde glansende gelaat te skep.\nHierdie oogroom se bestanddele van vitamiene, aminosure, peptiedes en kollageen werk saam teen powwerige oë, ongewenste donker kringe en fyner lyne rondom jou oë. Gatineau se navorsing toon dat na 4 weke se gebruik het 77% van vroue gestem hul oë lyk minder pofferig en 74% meen dat hul donker kringe sagter lyk.\nHierdie nuwe retinol-formule van Placecol werk om die vel se voorkoms van fyn lyne en plooie te versag terwyl dit die vel se tekstuur verbeter. Met gereelde gebruik, beloof die serum om verder die voorkoms van ouderdomsvlekke en pigmentasie te verminder en ook jou vel glansend te laat.\n’n Ouer vel sukkel ook gewoonlik met droogheid wat nie meer effektief vog behou nie omdat sel- en lipiede-regenerasie afneem. Daarom is fyn lyne en plooie ook meer sigbaar. Die Skinceuticals Triple Lidid Restore se unieke formule van seramiede (2%), cholesterol (4%), en vetsure (2%), werk saam om die sperfunskie van die vel dramaties te verbeter. Die room verseker hidrasie en om volheid aan die vel te herstel vir ’n meer soepel en jonger stralende gelaat.", "Teenveroudering: die beste raad" ]
[]
2016-09-26 21:59:36+00:00
null
2016-09-23 13:44:36
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2F5-wenke-om-jou-kind-empatie-te-leer%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/pexels-photo-medium-355x299.jpg
en
null
5 wenke om jou kind empatie te leer
null
null
www.rooirose.co.za
In ’n tyd wanneer baie kinders meer op hul volgende selfie as op hul maats se gevoelens fokus, is dit wonderlik wanneer ouers en onderwysers ’n punt daarvan maak om aandag aan empatie as ’n lewensvaardigheid te gee. “In ’n klaskamer vol leerders met empatie loop alles gladder. As hulle mekaar verstaan en mekaar se behoeftes voorop stel, lei dit tot meer harmonie, beter leergeleenthede en groter produktiwiteit.” Só sê Lynne Arbuckle, die laerskoolhoof van Riverside College, ’n skool vir alle grade in Burgundy Estate in Kaapstad. Hoe leer jy jou kind om empatie met ander te hê? Hier is Lynne se wenke: 1 Lei deur jou voorbeeld Kinders kyk op na ouers en onderwysers. Deur empaties op te tree teenoor jou kind, leer hy of sy eerstehands hoe dit voel en lyk. 2 Skep ’n “gaafheidsroetine” Daag jou kinders uit om elke dag minstens twee gawe dinge vir ander te doen. Vra hulle daarna uit wanneer jy hulle by die skool gaan haal, of op ’n ander tyd wat jou pas. 3 Word “emosie-speurders” Vra jou kinders om te “na te speur” hoe ander voel. Gesels oor die verskillende emosies wat hulle opmerk, en oor hoe dit hanteer kan word. 4 Vra: hoe voel jy? Moedig kinders aan om hulle in ander se skoene te stel. Dit sal hulle meer begrip gee vir hoe ander voel. 5 Die beste en die slegste Maak beurte om die beste en slegste gebeurtenisse van elkeen se dag te deel wanneer julle saam aandete eet. Dit moedig die kinders aan om te gesels oor enige positiewe of negatiewe emosies wat hulle gereeld ervaar. Dit leer hulle ook om met die hart na ander se ervarings te luister.
http://www.rooirose.co.za/5-wenke-om-jou-kind-empatie-te-leer/
af
2016-09-23
www.rooirose.co.za/3aa7f5fa48c1c1146f9bb8364ac09fbc8eddaeb45d503e3fc417bda3e35e4363.json
[ "In ’n tyd wanneer baie kinders meer op hul volgende selfie as op hul maats se gevoelens fokus, is dit wonderlik wanneer ouers en onderwysers ’n punt daarvan maak om aandag aan empatie as ’n lewensvaardigheid te gee.\n“In ’n klaskamer vol leerders met empatie loop alles gladder. As hulle mekaar verstaan en mekaar se behoeftes voorop stel, lei dit tot meer harmonie, beter leergeleenthede en groter produktiwiteit.” Só sê Lynne Arbuckle, die laerskoolhoof van Riverside College, ’n skool vir alle grade in Burgundy Estate in Kaapstad.\nHoe leer jy jou kind om empatie met ander te hê? Hier is Lynne se wenke:\n1 Lei deur jou voorbeeld\nKinders kyk op na ouers en onderwysers. Deur empaties op te tree teenoor jou kind, leer hy of sy eerstehands hoe dit voel en lyk.\n2 Skep ’n “gaafheidsroetine”\nDaag jou kinders uit om elke dag minstens twee gawe dinge vir ander te doen. Vra hulle daarna uit wanneer jy hulle by die skool gaan haal, of op ’n ander tyd wat jou pas.\n3 Word “emosie-speurders”\nVra jou kinders om te “na te speur” hoe ander voel. Gesels oor die verskillende emosies wat hulle opmerk, en oor hoe dit hanteer kan word.\n4 Vra: hoe voel jy?\nMoedig kinders aan om hulle in ander se skoene te stel. Dit sal hulle meer begrip gee vir hoe ander voel.\n5 Die beste en die slegste\nMaak beurte om die beste en slegste gebeurtenisse van elkeen se dag te deel wanneer julle saam aandete eet. Dit moedig die kinders aan om te gesels oor enige positiewe of negatiewe emosies wat hulle gereeld ervaar. Dit leer hulle ook om met die hart na ander se ervarings te luister.", "5 wenke om jou kind empatie te leer" ]
[]
2016-09-20 11:34:46+00:00
null
2016-09-20 13:22:45
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Frooi-rose-voorbladvroue-se-skoonheidswenke%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/OCTCover01RR-355x415.jpg
en
null
rooi rose-voorbladvroue se skoonheidswenke
null
null
www.rooirose.co.za
Minki van der Westhuizen RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Minki: Drink baie water en eet gebalanseerd. Rook is ook taboe vir ’n mooi vel. Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en volg ’n gesonde velsorgroetine. Onthou jou vel is die “canvas” waarop jou grimering kom, vir mooi grimering moet hierdie canvas gesond wees. RR: Beste skoonheidsraad wat jy ontvang het? Minki: Dra elke dag sonskerm, selfs in die winter. RR: Wat is jou een moet-hê grimeerproduk? Minki: Ek is versot op maskara. Elke persoon het ’n persoonlike voorkeur vir die effek wat hulle wil hê. Ek hou van vol ‘luscious lashes’. Ek gebruik op die oomblik Dior se Diorshow Mascara (R560) en ’n meer bekostigbare gunsteling is L’Oreal Paris se Telescopic Mascara (R199,95) RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie? Minki: Obagi 15% Vitamin C Serum (R1 100 dermastore.co.za) hou my vel lekker soepel en gehidreer in die winter. Inoar se Speed Blonde Kit (R490 by uitgesoekte salonne) gee my hare die mooi platinum skakering en droog nie my hare uit soos ander pers sjampoe nie. MAC Cosmetics se Strobe Cream (R450) is al vir jare lank ’n gunsteling en ek gebruik dit elke liewe dag. RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk? Minki: Ek het ’n paar gunstelinge – Essence se oogpotlode en lippotlode. Essence Long Lasting Eye Pencil in 01 black fever (R29,95) Rolanda Marais RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk? Rolanda: Ek gaan nooit uit die huis uit sonder ’n goeie sonskerm nie. Ek verkies ook ’n sonskerm wat liggies getint is vir die dae wat ek nie grimering wil dra nie. Dit gee my vel ’n natuurlike gloed terwyl dit teen die skadelike sonstrale beskerm. RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het? Rolanda: Wend jou grimering in natuurlike lig aan sodat jy presies kan sien wat ander mense sien wanneer jy daar buite rondloop. Om in onnatuurlike lig te grimeer, kan jy jou grimering dalk te swaar aanwend. RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Rolanda: Ek vind as ek suiker uit my dieet sny lyk my vel baie gesonder. Ek probeer ook genoeg water drink en was my gesig deeglik voor ek gaan slaap. RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie? Rolanda: Dr Gobac se Needle-free BioRestore (R850 by uitgesoekte salonne) doen wondere vir die plooitjies om die oë en mond. Dit is ook trots Suid-Afrikaans wat ek graag ondersteun. Dr Gobac se Lighten (R570) help vir vlekkies en merkies en is, anders as die meeste soortgelyke produkte, 100% veilig om tydens swangerskap te gebruik wat op hierdie stadium vir my ’n bonus is! Omdat my hare nogal fyn is, sit ek daagliks Moroccanoil se Volumizing Mousse (R360 by uitgesoekte salonne) aan my hare voor ek dit droogblaas. Dit laat my hare voller lyk. Ek het ook altyd ’n rooi lipstiffie in my handsak, dit laat my met min moeite onmiddellik glansend lyk. RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk? Rolanda: Ek hou graag ’n BB-room in my grimeersakkie. Dit gee die nodige dekking sonder dat dit te swaar voorkom of voel. Garnier se BB Cream (R119,95) is bekostigbaar en bevat sommer ook ’n SPF vir ekstra beskerming. Boonop ruik dit lieflik. Zetske van Pletzen RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk? Zetske: Beslis maskara. RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het? Zetske: Moenie met grimering aan gaan slaap nie. En moet nooit die vel rondom jou oë trek nie – dis delikaat! RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Zetske: Maak jou skoonheids ‘regime’ deel van jou daaglikse roetine. Drink baie water! ’n Gesonde vel begin aan die binnekant. Moenie aan jou vel krap nie en gaan elke 4 tot 6 weke vir ’n gesigbehandeling, indien moontlik. RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie? Zetske: Ek is ’n groot aanhanger van Placecol se produkte. Placecol se Rescue Therapy (R240) is een van my gunstelinge. Hannon se Miracle Hair Treatment (R208) is fantasties vir droë hare wat maklik koek. Status se lipglans (R218) is altyd in my handsak. RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk? Zetske: Klapperolie! Jy kan dit letterlik oor jou hele lyf as ’n bevogtiger gebruik. Lyfolie, lipsalf, haarmasker, gesonde naels en naelvliesies. Ek verwyder selfs my grimering daarmee! Christi Panagio RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk? Christi: Lipstiffie! Die meeste dames het ’n skoen of handsak-versameling, maar ek kan nie by een lipstiffie verby stap sonder om dit te wil koop nie! RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het? Christi: Jare se ‘trial and error’ het my geleer dat ’n gesonde leefstyl en goeie eetgewoontes net so groot rol speel soos jou daaglikse skoonheidsroetine. RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Christi: Volg ’n goeie daaglikse skoonheidsroetine – bevogtiger is baie belangrik. Skilfer ten minste twee keer per week jou vel af en volg daarna op met ’n goeie gesigmasker. Eet slim – kies kos wat jou vel voed, en drink baie water! RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie? Christi: Vir my vel – Environ se Intense Revival Masque. Vir my hare – Naturalmente Elements Balsamic Mask (R272 vir 250 ml). Grimering – MAC Cosmetics Studio se Face & Body Foundation (R510). RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk? Christi: Heuning as gesigmasker! Jo-Ann Strauss RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk? Jo-Ann: Ek is versot op oogomlyner en gebruik graag MAC Cosmetics se Liquid Eyeliner (R270) RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het? Jo-Ann: Drink genoeg water en dra daagliks sonskerm. RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Jo-Ann: Ek het besef ek moet in goeie velsorgprodukte belê want jou vel is jou beste belegging. Ek gaan slaap ook nooit met grimering aan nie en neem tyd vir maandelikse gesigbehandelings. RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie? Jo-Ann: Ek gebruik graag La Mer se nuwe Renewal Oil (R2 750). La Mer se The Mist (R1 360) gebruik ek tydens lang fotosessies of wanneer ek reis vir ’n bietjie verfrissing, dit laat my vel so vars voel. Vir grimering is Fashion Breed se wimpers (R250 Kally Lashes. www.fashionbreed.co.za) ’n moet en ek gebruik dit veral tydens fotosessies of geleenthede wanneer ek op die verhoog is. RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk? Jo-Ann: Ek hou baie van Sunsilk se conditioner om my naturlike krulle op te kikker.
http://www.rooirose.co.za/rooi-rose-voorbladvroue-se-skoonheidswenke/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/f0220103d669ba37c449ce34b6156405b2dc5196d3a343c60aab3aeedd2de4d3.json
[ "Minki van der Westhuizen\nRR: Top wenke vir ’n foutlose vel?\nMinki: Drink baie water en eet gebalanseerd. Rook is ook taboe vir ’n mooi vel. Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en volg ’n gesonde velsorgroetine.\nOnthou jou vel is die “canvas” waarop jou grimering kom, vir mooi grimering moet hierdie canvas gesond wees.\nRR: Beste skoonheidsraad wat jy ontvang het?\nMinki: Dra elke dag sonskerm, selfs in die winter.\nRR: Wat is jou een moet-hê grimeerproduk?\nMinki: Ek is versot op maskara. Elke persoon het ’n persoonlike voorkeur vir die effek wat hulle wil hê. Ek hou van vol ‘luscious lashes’. Ek gebruik op die oomblik Dior se Diorshow Mascara (R560) en ’n meer bekostigbare gunsteling is L’Oreal Paris se Telescopic Mascara (R199,95)\nRR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?\nMinki: Obagi 15% Vitamin C Serum (R1 100 dermastore.co.za) hou my vel lekker soepel en gehidreer in die winter. Inoar se Speed Blonde Kit (R490 by uitgesoekte salonne) gee my hare die mooi platinum skakering en droog nie my hare uit soos ander pers sjampoe nie. MAC Cosmetics se Strobe Cream (R450) is al vir jare lank ’n gunsteling en ek gebruik dit elke liewe dag.\nRR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?\nMinki: Ek het ’n paar gunstelinge – Essence se oogpotlode en lippotlode. Essence Long Lasting Eye Pencil in 01 black fever (R29,95)\nRolanda Marais\nRR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?\nRolanda: Ek gaan nooit uit die huis uit sonder ’n goeie sonskerm nie. Ek verkies ook ’n sonskerm wat liggies getint is vir die dae wat ek nie grimering wil dra nie. Dit gee my vel ’n natuurlike gloed terwyl dit teen die skadelike sonstrale beskerm.\nRR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?\nRolanda: Wend jou grimering in natuurlike lig aan sodat jy presies kan sien wat ander mense sien wanneer jy daar buite rondloop. Om in onnatuurlike lig te grimeer, kan jy jou grimering dalk te swaar aanwend.\nRR: Top wenke vir ’n foutlose vel?\nRolanda: Ek vind as ek suiker uit my dieet sny lyk my vel baie gesonder. Ek probeer ook genoeg water drink en was my gesig deeglik voor ek gaan slaap.\nRR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?\nRolanda: Dr Gobac se Needle-free BioRestore (R850 by uitgesoekte salonne) doen wondere vir die plooitjies om die oë en mond. Dit is ook trots Suid-Afrikaans wat ek graag ondersteun. Dr Gobac se Lighten (R570) help vir vlekkies en merkies en is, anders as die meeste soortgelyke produkte, 100% veilig om tydens swangerskap te gebruik wat op hierdie stadium vir my ’n bonus is! Omdat my hare nogal fyn is, sit ek daagliks Moroccanoil se Volumizing Mousse (R360 by uitgesoekte salonne) aan my hare voor ek dit droogblaas. Dit laat my hare voller lyk. Ek het ook altyd ’n rooi lipstiffie in my handsak, dit laat my met min moeite onmiddellik glansend lyk.\nRR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?\nRolanda: Ek hou graag ’n BB-room in my grimeersakkie. Dit gee die nodige dekking sonder dat dit te swaar voorkom of voel. Garnier se BB Cream (R119,95) is bekostigbaar en bevat sommer ook ’n SPF vir ekstra beskerming. Boonop ruik dit lieflik.\nZetske van Pletzen\nRR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?\nZetske: Beslis maskara.\nRR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?\nZetske: Moenie met grimering aan gaan slaap nie. En moet nooit die vel rondom jou oë trek nie – dis delikaat!\nRR: Top wenke vir ’n foutlose vel?\nZetske: Maak jou skoonheids ‘regime’ deel van jou daaglikse roetine. Drink baie water! ’n Gesonde vel begin aan die binnekant. Moenie aan jou vel krap nie en gaan elke 4 tot 6 weke vir ’n gesigbehandeling, indien moontlik.\nRR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?\nZetske: Ek is ’n groot aanhanger van Placecol se produkte. Placecol se Rescue Therapy (R240) is een van my gunstelinge. Hannon se Miracle Hair Treatment (R208) is fantasties vir droë hare wat maklik koek. Status se lipglans (R218) is altyd in my handsak.\nRR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?\nZetske: Klapperolie! Jy kan dit letterlik oor jou hele lyf as ’n bevogtiger gebruik. Lyfolie, lipsalf, haarmasker, gesonde naels en naelvliesies. Ek verwyder selfs my grimering daarmee!\nChristi Panagio\nRR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?\nChristi: Lipstiffie! Die meeste dames het ’n skoen of handsak-versameling, maar ek kan nie by een lipstiffie verby stap sonder om dit te wil koop nie!\nRR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?\nChristi: Jare se ‘trial and error’ het my geleer dat ’n gesonde leefstyl en goeie eetgewoontes net so groot rol speel soos jou daaglikse skoonheidsroetine.\nRR: Top wenke vir ’n foutlose vel?\nChristi: Volg ’n goeie daaglikse skoonheidsroetine – bevogtiger is baie belangrik. Skilfer ten minste twee keer per week jou vel af en volg daarna op met ’n goeie gesigmasker. Eet slim – kies kos wat jou vel voed, en drink baie water!\nRR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?\nChristi: Vir my vel – Environ se Intense Revival Masque. Vir my hare – Naturalmente Elements Balsamic Mask (R272 vir 250 ml). Grimering – MAC Cosmetics Studio se Face & Body Foundation (R510).\nRR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?\nChristi: Heuning as gesigmasker!\nJo-Ann Strauss\nRR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?\nJo-Ann: Ek is versot op oogomlyner en gebruik graag MAC Cosmetics se Liquid Eyeliner (R270)\nRR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?\nJo-Ann: Drink genoeg water en dra daagliks sonskerm.\nRR: Top wenke vir ’n foutlose vel?\nJo-Ann: Ek het besef ek moet in goeie velsorgprodukte belê want jou vel is jou beste belegging. Ek gaan slaap ook nooit met grimering aan nie en neem tyd vir maandelikse gesigbehandelings.\nRR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?\nJo-Ann: Ek gebruik graag La Mer se nuwe Renewal Oil (R2 750). La Mer se The Mist (R1 360) gebruik ek tydens lang fotosessies of wanneer ek reis vir ’n bietjie verfrissing, dit laat my vel so vars voel.\nVir grimering is Fashion Breed se wimpers (R250 Kally Lashes. www.fashionbreed.co.za) ’n moet en ek gebruik dit veral tydens fotosessies of geleenthede wanneer ek op die verhoog is.\nRR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?\nJo-Ann: Ek hou baie van Sunsilk se conditioner om my naturlike krulle op te kikker.", "rooi rose-voorbladvroue se skoonheidswenke" ]
[]
2016-09-16 13:41:41+00:00
null
2016-09-15 15:27:25
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsonate-hoofstuk-1%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Swart-en-wit-klavier-355x415.jpg
en
null
Sonate, hoofstuk 1
null
null
www.rooirose.co.za
Hoofstuk een Die oggendson maak skrefies op die herfsblare op die mat. In die strale dans klein stofdeeltjies op die maat van Beethoven se Maanligsonate. Die leunstoele in die ouetehuis se sitkamer is leeg. Voor die klavier sit ’n skraal vrou. Haar krom lyf beweeg met emosie saam met haar hande wat soos die van ’n jong vrou oor die klawers speel. ’n Versorger in ’n blou uniform staan skuins agter haar. Sy luister na die klavierspel. Sy hou ’n koppie tee in haar hande. As die laaste note weerklink, stap sy nader. Sy praat met die ouer vrou, maar sy hoor skynbaar nie. “Tannie Ansa? Ons is weer vêr vandag. Kuier ons in ons eie kop? Ek sê, hier is Tannie se tee! Tannie speel weer so mooi vandag.” Die ouer vrou draai om en glimlag ondeund. “Ek hoor jou, Emma, dis my brein wat gaan, nie my ore nie!” Ansa staan op en gaan sit op een van die rusbanke. Sy klop gebiedend met haar hand op die kussing langs haar. Emma gaan sit gehoorsaam en hou die tee na haar uit. “Wat boer Tannie weer so vroeg voor die klavier?” “Ek’t niks geslaap nie, Emmatjie. Bly jy is weer aan diens. Die nagspan is so treurig en kla heeltyd.” Emma lag. “Ja, ek hoor hulle kla dat Tannie die hele nag klavier wil speel! Matrone sê ook die Tannies van gang vyf het gekla oor Tannie se musiekuitvoerings deur die nag. Mevrou Kruger sê glo sy het jare gelede van Tannie se konserte bygewoon, maar toe het Tannie nie so dieselfde ding oor en oor gespeel nie.” Ansa snork verontwaardig. “Dis nie ’n ding nie, dis Beethoven se Maanligsonate! Gaan sê jy dit vir ou Kruger. En sê sommer vir haar ek oefen vir ’n groot konsert.” Emma pof die kussings agter die ouer vrou se rug reg. ”Regtig, Tannie Ansa? Gaan ons weer konsert hou?” Ansa sit die koppie langs haar neer. Sy staan op en stap weer klavier toe. “Miskien die keer in die Nico Malan. Jy kan heel voor sit. In die middel.” Emma staan op en gaan sit op die stoel die naaste aan die klavier. Sy vou haar hande op haar skoot asof sy na ’n uitvoering luister. “In die voorste ry. Net so my Tannie.” Ansa se hande streel oor die klawers. “Ek sal die beste uit my repertoire speel. Foutloos, soos met my Europese toer van 84. Jy sal sien. Die resensente sal skryf: ‘Ansa Duvenhage se laaste kragtoer’. Hulle sal onthou … onthou hoe ek gespeel het voor ek …” “Tannie sal daardie aand nie een noot vergeet nie. Dit sal so ’n pragtige konsert wees!” Die ouer vrou staan op en buig voor Emma wat lustig hande klap. “Ek sal ’n staande ovasie kry. Maar ek mag nie foute maak nie. Ek sien nie weer kans vir … ek moet hulle wys ek kan nog.” Sy begin huil en Emma staan besorgd nader. “Dit was vreeslik. Die gejou. Ek hoor dit nog in die nag. Ek sal speel tot ek dit nie meer kan hoor nie. Hoor jy?” Emma druk die ou vrou teen haar vas. “Moenie onsteld raak nie, niemand gaan Tannie uitjou nie. “ Ansa kyk bang na haar versorger. “Sê nou ek raak daardie aand deurmekaar? Sal jy naby wees as ek vergeet? Sal jy gou die gordyne toetrek? Hulle mag my nie so sien nie. Nie weer nie. Sal jy?” Emma paai en troos. Sy neem Ansa se hand en begin stadig die gang af stap. “Tyd om kamer toe te gaan, Tannie. Ek sal daar wees, rustig nou. Ek is mos nou aan diens. Ek is hier in die gang. Lui net die klokkie. Maar gaan rus nou eers. Ons kan later weer vir die groot konsert oefen.” Ansa sit op die kant van die bed terwyl Emma haar skoene uittrek. Die jonger vrou tel haar voete op die bed en trek die kussings reg. Sy trek die gordyne toe. “Emma? My gedagtes, dit raak elke dag al meer weg. Ek vergeet. Dit voel of … of iemand die gordyne oor my onthou toetrek.” *** ’n Middeljarige man trek die gordyne in sy musiekkamer toe. Hy maak die klavier oop en gaan sit op die klavierstoeltjie. Hy klop met sy hand op die oop spasie langs hom. ’n Dogtertjie staan eenkant. Sy beweeg stadig nader as hy weer op die stoel klop. “Kom, kom, Ansatjie. Tyd om te oefen. Wys my hoe mooi jy geoefen het.” Die kind snik-huil saggies. Die man neem haar ferm aan die hand en trek haar tot langs hom. “Nee, oom Stan, ek hou van die gordyne oop. Dan kan Mamma sien as …” Sy wip van die stoeltjie af en gaan staan weer ’n entjie weg van die man. “Weet Oom wat? My mamma gaan vandag vroeg kom, Oom sal sien!” Die man staan op en neem die kind weer aan die hand. Sy trek weg van hom af en huil saggies. “Kom nou Ansa, jou mamma het sustervergadering. Sy kom nie vroeg nie. Sy het juis gevra jy moet vandag langer bly. Maar jy is mos veilig hier by my, my grootnooi?” Ansa huil harder. “Kom sit hier langs my. Jy oefen mos spesiaal vir my? Ek luister net vanoggend weer so na Annine en ek dink by myself, daardie Ansa, sy speel baie mooier as Annine. My klein Ansa met die bokstertjies wat so wip-wip as sy speel.” Die man sit sy arm om die snikkende kind. Sy beur weg. “Nee, Oom Stan, ek kry so koud as die gordyne toe is.” Die man trek haar stywer teen hom vas. “Kom nou, Ansatjie. Skuif die beentjies styf teen my. Laat ek hulle warm vryf.” Die kind skop teen die klavier en beur weg. “Nee! Ek wil nie! My mamma kom nou!” Die man tel die spartelende kind op sy skoot. “Kom, kom. Op my skoot. Oepsiedaisie, maar jy word groot! Voel die boudjies is al so lekker rond en sag.” Die kind huil klaend. Sy stoei om uit die man se greep los te kom. “Mamma kom netnou, Oom sal sien.” Die man skuif haar van sy skoot af op die klavierstoeltjie. “En dan sal sy seker wil hoor of jy mooi gespeel het? Jy het mos geoefen?” *** Die dogtertjie sit voor ’n klavier in ’n ruim sitkamer. Haar ma staan agter haar terwyl sy ’n eenvoudige kinderstuk hortend op die klavier tokkel. Die kind snik tussen die note deur. “Jy kan maar huil dat die kranse antwoord gee, Ansa! Jy sal oefen tot jy dit glad speel! Jy gaan nie Oom Stan se tyd mors nie! Jy is die een wat musiekles wou neem. Wil mos als doen wat Annine doen. Oom Stan het genoeg werk as orrelis. Hy hoef nie die dominee se stoute kind te leer nie. Hy doen ons ’n guns!” Die kind buig vooroor en huil onbedaarlik. “Mamma, my magie is seer!” Die vrou dwing die kind regop. “Ansa, moenie weer daarmee begin nie. Sit regop en speel!” Die kind speel huilend voort. *** Die kind speel dieselfde hortende stuk in Stan se musiekkamer. “My magie pyn, oom Stan, ek kan nie speel nie.” Die man tel die kind se rokkie op. Sy probeer opstaan, maar hy hou haar vas.” “Kom, laat ek die magie vryf, dan voel my grootnooi beter.” Die kind stoei huilend met die man. “Nee, moenie. Asseblief, Oom maak my seer!” Die man se asem jaag. Die kind kerm harder. “Mamma, Mamma moet vandag vroeg kom. Mamma het belowe!” Sy wriemel haar los en gaan staan vêr van die man. “Kom nou, Ansatjie. Jy is so ’n spesiale dogtertjie, weet jy? Die mooiste. Ek sê altyd vir jou mamma, Mevrou, U en Dominee is so gelukkig. Julle Ansa, sy gaan dit nog vêr bring. So talentvol.”
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-1/
af
2016-09-15
www.rooirose.co.za/90caebcd3fdf1f478868f92872ddc0a71d44165db36424ac122c4030e499fd4b.json
[ "Hoofstuk een\nDie oggendson maak skrefies op die herfsblare op die mat. In die strale dans klein stofdeeltjies op die maat van Beethoven se Maanligsonate. Die leunstoele in die ouetehuis se sitkamer is leeg. Voor die klavier sit ’n skraal vrou. Haar krom lyf beweeg met emosie saam met haar hande wat soos die van ’n jong vrou oor die klawers speel.\n’n Versorger in ’n blou uniform staan skuins agter haar. Sy luister na die klavierspel. Sy hou ’n koppie tee in haar hande. As die laaste note weerklink, stap sy nader. Sy praat met die ouer vrou, maar sy hoor skynbaar nie.\n“Tannie Ansa? Ons is weer vêr vandag. Kuier ons in ons eie kop? Ek sê, hier is Tannie se tee! Tannie speel weer so mooi vandag.”\nDie ouer vrou draai om en glimlag ondeund.\n“Ek hoor jou, Emma, dis my brein wat gaan, nie my ore nie!”\nAnsa staan op en gaan sit op een van die rusbanke. Sy klop gebiedend met haar hand op die kussing langs haar. Emma gaan sit gehoorsaam en hou die tee na haar uit.\n“Wat boer Tannie weer so vroeg voor die klavier?”\n“Ek’t niks geslaap nie, Emmatjie. Bly jy is weer aan diens. Die nagspan is so treurig en kla heeltyd.”\nEmma lag.\n“Ja, ek hoor hulle kla dat Tannie die hele nag klavier wil speel! Matrone sê ook die Tannies van gang vyf het gekla oor Tannie se musiekuitvoerings deur die nag. Mevrou Kruger sê glo sy het jare gelede van Tannie se konserte bygewoon, maar toe het Tannie nie so dieselfde ding oor en oor gespeel nie.”\nAnsa snork verontwaardig.\n“Dis nie ’n ding nie, dis Beethoven se Maanligsonate! Gaan sê jy dit vir ou Kruger. En sê sommer vir haar ek oefen vir ’n groot konsert.”\nEmma pof die kussings agter die ouer vrou se rug reg.\n”Regtig, Tannie Ansa? Gaan ons weer konsert hou?”\nAnsa sit die koppie langs haar neer. Sy staan op en stap weer klavier toe.\n“Miskien die keer in die Nico Malan. Jy kan heel voor sit. In die middel.”\nEmma staan op en gaan sit op die stoel die naaste aan die klavier. Sy vou haar hande op haar skoot asof sy na ’n uitvoering luister.\n“In die voorste ry. Net so my Tannie.”\nAnsa se hande streel oor die klawers.\n“Ek sal die beste uit my repertoire speel. Foutloos, soos met my Europese toer van 84. Jy sal sien. Die resensente sal skryf: ‘Ansa Duvenhage se laaste kragtoer’. Hulle sal onthou … onthou hoe ek gespeel het voor ek …”\n“Tannie sal daardie aand nie een noot vergeet nie. Dit sal so ’n pragtige konsert wees!”\nDie ouer vrou staan op en buig voor Emma wat lustig hande klap.\n“Ek sal ’n staande ovasie kry. Maar ek mag nie foute maak nie. Ek sien nie weer kans vir … ek moet hulle wys ek kan nog.”\nSy begin huil en Emma staan besorgd nader.\n“Dit was vreeslik. Die gejou. Ek hoor dit nog in die nag. Ek sal speel tot ek dit nie meer kan hoor nie. Hoor jy?”\nEmma druk die ou vrou teen haar vas.\n“Moenie onsteld raak nie, niemand gaan Tannie uitjou nie. “\nAnsa kyk bang na haar versorger.\n“Sê nou ek raak daardie aand deurmekaar? Sal jy naby wees as ek vergeet? Sal jy gou die gordyne toetrek? Hulle mag my nie so sien nie. Nie weer nie. Sal jy?”\nEmma paai en troos. Sy neem Ansa se hand en begin stadig die gang af stap.\n“Tyd om kamer toe te gaan, Tannie. Ek sal daar wees, rustig nou. Ek is mos nou aan diens. Ek is hier in die gang. Lui net die klokkie. Maar gaan rus nou eers. Ons kan later weer vir die groot konsert oefen.”\nAnsa sit op die kant van die bed terwyl Emma haar skoene uittrek. Die jonger vrou tel haar voete op die bed en trek die kussings reg. Sy trek die gordyne toe.\n“Emma? My gedagtes, dit raak elke dag al meer weg. Ek vergeet. Dit voel of … of iemand die gordyne oor my onthou toetrek.”\n***\n’n Middeljarige man trek die gordyne in sy musiekkamer toe. Hy maak die klavier oop en gaan sit op die klavierstoeltjie. Hy klop met sy hand op die oop spasie langs hom. ’n Dogtertjie staan eenkant. Sy beweeg stadig nader as hy weer op die stoel klop.\n“Kom, kom, Ansatjie. Tyd om te oefen. Wys my hoe mooi jy geoefen het.”\nDie kind snik-huil saggies. Die man neem haar ferm aan die hand en trek haar tot langs hom.\n“Nee, oom Stan, ek hou van die gordyne oop. Dan kan Mamma sien as …”\nSy wip van die stoeltjie af en gaan staan weer ’n entjie weg van die man.\n“Weet Oom wat? My mamma gaan vandag vroeg kom, Oom sal sien!”\nDie man staan op en neem die kind weer aan die hand. Sy trek weg van hom af en huil saggies.\n“Kom nou Ansa, jou mamma het sustervergadering. Sy kom nie vroeg nie. Sy het juis gevra jy moet vandag langer bly. Maar jy is mos veilig hier by my, my grootnooi?”\nAnsa huil harder.\n“Kom sit hier langs my. Jy oefen mos spesiaal vir my? Ek luister net vanoggend weer so na Annine en ek dink by myself, daardie Ansa, sy speel baie mooier as Annine. My klein Ansa met die bokstertjies wat so wip-wip as sy speel.”\nDie man sit sy arm om die snikkende kind. Sy beur weg.\n“Nee, Oom Stan, ek kry so koud as die gordyne toe is.”\nDie man trek haar stywer teen hom vas.\n“Kom nou, Ansatjie. Skuif die beentjies styf teen my. Laat ek hulle warm vryf.”\nDie kind skop teen die klavier en beur weg.\n“Nee! Ek wil nie! My mamma kom nou!”\nDie man tel die spartelende kind op sy skoot.\n“Kom, kom. Op my skoot. Oepsiedaisie, maar jy word groot! Voel die boudjies is al so lekker rond en sag.”\nDie kind huil klaend. Sy stoei om uit die man se greep los te kom.\n“Mamma kom netnou, Oom sal sien.”\nDie man skuif haar van sy skoot af op die klavierstoeltjie.\n“En dan sal sy seker wil hoor of jy mooi gespeel het? Jy het mos geoefen?”\n***\nDie dogtertjie sit voor ’n klavier in ’n ruim sitkamer. Haar ma staan agter haar terwyl sy ’n eenvoudige kinderstuk hortend op die klavier tokkel. Die kind snik tussen die note deur.\n“Jy kan maar huil dat die kranse antwoord gee, Ansa! Jy sal oefen tot jy dit glad speel!\nJy gaan nie Oom Stan se tyd mors nie! Jy is die een wat musiekles wou neem. Wil mos als doen wat Annine doen. Oom Stan het genoeg werk as orrelis. Hy hoef nie die dominee se stoute kind te leer nie. Hy doen ons ’n guns!”\nDie kind buig vooroor en huil onbedaarlik.\n“Mamma, my magie is seer!”\nDie vrou dwing die kind regop.\n“Ansa, moenie weer daarmee begin nie. Sit regop en speel!”\nDie kind speel huilend voort.\n***\nDie kind speel dieselfde hortende stuk in Stan se musiekkamer.\n“My magie pyn, oom Stan, ek kan nie speel nie.”\nDie man tel die kind se rokkie op. Sy probeer opstaan, maar hy hou haar vas.”\n“Kom, laat ek die magie vryf, dan voel my grootnooi beter.”\nDie kind stoei huilend met die man.\n“Nee, moenie. Asseblief, Oom maak my seer!”\nDie man se asem jaag. Die kind kerm harder.\n“Mamma, Mamma moet vandag vroeg kom. Mamma het belowe!”\nSy wriemel haar los en gaan staan vêr van die man.\n“Kom nou, Ansatjie. Jy is so ’n spesiale dogtertjie, weet jy? Die mooiste. Ek sê altyd vir jou mamma, Mevrou, U en Dominee is so gelukkig. Julle Ansa, sy gaan dit nog vêr bring. So talentvol.”", "Sonate, hoofstuk 1" ]
[]
2016-09-21 15:55:17+00:00
null
2016-09-21 16:23:00
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fhoe-om-allergiee-die-lente-te-behandel%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Blou-oog-355x415.jpg
en
null
Hoe om allergieë in die lente te behandel
null
null
www.rooirose.co.za
In die lente is daar pragtige bloeisels en heerlike warmer weer om na uit te sien, maar vir baie mense beteken dit allergieë wat rooi, jeukerige, waterige en geswelde oë veroorsaak. Ter ondersteuning van Wêreldsigdag en Oogsorgbewustheidsmaand, én om puik visie vir ’n veiliger leefstyl te bevorder, deel Andre Horn, ’n senior oogkundige en besturende direkteur van Mellins i-Style, interessante en nuttige raad oor oogallergië in die lente. Wat veroorsaak oog-allergieë? Dierehare, stof -en kosdeeltjies in die lug is algemene boosdoeners wanneer dit by allergieë kom. Stuifmeel is een van die vernaamste elemente wat allergieë in die lente veroorsaak. Stuifmeel is ’n fyn poeier wat deur saadplantjies vrygelaat word en veroorsaak gewoonlik hooikoors (’n toestand met simptome soortgelyk aan verkoue). Dit kan lei tot oogtoestande soos blindvliesontsteking (pienk-oog), die ontsteking van die buitenste wit deel van die oog en die binneste deel van ooglede. 3 doen-dit-jouself wenke om blootstelling aan stuifmeel te verminder • Maak jou bril gereeld skoon. Probeer van afvee-lappies gebruikmaak wat geskik is vir lense of lenssproei wat vry is van skoonmaakmiddels. • Hang nat handdoeke binne jou huis indien stuifmeel hier insluip. Dit kan help om stuifmeel wat in die lug hang, vas te vang. • Pak huistake aan en stofsuig jou matte, of oorweeg dit om ou matte en tapyte met moderne hout en gelamineerde vloere of teëls te vervang.
http://www.rooirose.co.za/hoe-om-allergiee-die-lente-te-behandel/
af
2016-09-21
www.rooirose.co.za/bc1455940a0702d4abfa9b2e9e1e7893f770ffe8fbfee307cc928b0e1d1219a3.json
[ "In die lente is daar pragtige bloeisels en heerlike warmer weer om na uit te sien, maar vir baie mense beteken dit allergieë wat rooi, jeukerige, waterige en geswelde oë veroorsaak. Ter ondersteuning van Wêreldsigdag en Oogsorgbewustheidsmaand, én om puik visie vir ’n veiliger leefstyl te bevorder, deel Andre Horn, ’n senior oogkundige en besturende direkteur van Mellins i-Style, interessante en nuttige raad oor oogallergië in die lente.\nWat veroorsaak oog-allergieë?\nDierehare, stof -en kosdeeltjies in die lug is algemene boosdoeners wanneer dit by allergieë kom. Stuifmeel is een van die vernaamste elemente wat allergieë in die lente veroorsaak. Stuifmeel is ’n fyn poeier wat deur saadplantjies vrygelaat word en veroorsaak gewoonlik hooikoors (’n toestand met simptome soortgelyk aan verkoue). Dit kan lei tot oogtoestande soos blindvliesontsteking (pienk-oog), die ontsteking van die buitenste wit deel van die oog en die binneste deel van ooglede.\n3 doen-dit-jouself wenke om blootstelling aan stuifmeel te verminder\n• Maak jou bril gereeld skoon. Probeer van afvee-lappies gebruikmaak wat geskik is vir lense of lenssproei wat vry is van skoonmaakmiddels.\n• Hang nat handdoeke binne jou huis indien stuifmeel hier insluip. Dit kan help om stuifmeel wat in die lug hang, vas te vang.\n• Pak huistake aan en stofsuig jou matte, of oorweeg dit om ou matte en tapyte met moderne hout en gelamineerde vloere of teëls te vervang.", "Hoe om allergieë in die lente te behandel" ]
[]
2016-09-26 22:00:54+00:00
null
2016-09-23 13:26:59
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsonate-hoofstuk-2%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Rooi-fiets-355x415.jpg
en
null
Sonate, hoofstuk 2
null
null
www.rooirose.co.za
Daar staan ’n klein opwenmallemeul langs die kind se bed. As sy dit opwen, speel dit ’n wiegeliedjie en dan dans die perdjies al in die rondte. Elke aand mag Ansa dit net een keer opwen. Dis haar pa se voorskrifte. Hy glo kinders moet hul speelgoed oppas. Maar soms, as haar pa by die kerkkantoor is, sluip sy in haar kamer in en wen dit op. Haar ma sit by haar op die bed en hulle luister saam na die deuntjie. “Kom, Ansatjie. Tyd om te kniel. Daarsy, hier styf langs Mamma.” Die ma vou haar arm om die kind terwyl sy bid. “Ek is ’n kindjie klein … Mamma, as Jesus kom, gaan ek hel toe?” Die ma is merkbaar geskok. “Natuurlik nie, my hartjie, jy het mos gebid?” Sy streel oor die kind se kop. Die kind vou weer haar handjies voor haar. “Miskien moet ek vanaand nog net een keertjie bid. Ek is bang Hy hoor my nie.” Die ma lag en vryf die kind se hare deurmekaar. “Natuurlik hoor Hy jou. Hy kan alles hoor.” Die kind vou haar handjies om haar ma se gesig. Sy hou haar gesiggie naby aan haar ma. “En sien? Mamma, kan Hy alles sien?” “Alles, my kind.” “Van daar bo, Mamma? Alliepad tot op die aarde?” Die ma soen die kind op haar voorkop. “Alliepad.” Die kind kniel weer en vou haar handjies voor haar. “Mamma? Nog net een keertjie bid. Tot my hartjie rein is?” *** Die bejaarde vrou wen die musiekmallemeule langs haar bed op. Sy sit aandagtig en luister. Emma, haar versorger, kom in en gaan sit langs haar op die bed. “Tannie Ansa? Wat is verkeerd?” Ansa vou haar hande voor haar en prewel ’n gebed. “Maak my hartjie rein … Mamma? As ek mooi oefen, sal Liewe Jesus bly wees?” Emma vou haar arm om Ansa se skouers. “Dis ek, Emma, Tannie. Kom, dis tyd om bietjie te lê. As mens moeg is raak jy deurmekaar.” Ansa beur regop. Sy wil opstaan. “Maar ek moet oefen, dan gaan Jesus my vergewe.” Emma druk haar terug op die bed. “Ons gaan nie vandag die kop weer laat gaan nie, gehoor? Kyk vir my, Tannie, kyk vir my. Dis Emma.” Ansa probeer Emma wegdruk. “Wag, Mamma. Ek is nie klaar geoefen nie. Ons kan nie nou na Oom Stan toe gaan nie, asseblief Mamma.” Emma streel Ansa se kop. “Stadig nou, Tannie, raak nou rustig” Emma staan op en trek die kamer se gordyne toe. Ansa beur verward regop. “Maak seblief oop die gordyne, Oom Stan, ek wil sien as Mamma kom. Sy kom vroeg.” *** Die dogtertjie spring op van die klavierstoeltjie. “My Mamma! My Mamma! Ek het Oom mos gesê!” Oom Stan staan ook op en trek die musiekkamer se gordyne oop. “Ansatjie, Mamma hoef nie te weet jy het nie vandag jou les geken nie. Oom sal niks sê nie, hoor? Ek belowe.” Hy stap na die deur en maak dit oop. “Mevrou Duvenhage! U is vroeg! Maar dit is goed, ek het goeie nuus om te deel, né Ansa? Sy het vandag so pragtig gespeel. As sy so aangaan, wen sy Annine in die kunswedstryd!” Die ma glimlag en druk die dogtertjie teen haar vas. “Ansa? Hoor jy? Net bietjie harder oefen!” Oom Stan probeer Ansa se kop streel, maar sy ruk weg. “Mevrou en Dominee kan so trots wees.” Die ma neem die musiekboeke op die klavier en pak dit in die kind se musieksak. “Mamma is so trots, Ansatjie. As jy Annine wen, koop Mamma vir jou ’n regte grootmeisie-fiets.” Die kind gaan staan voor haar ma. Sy trippel rond van opgewondenheid. “Regtig Mamma? Dan, dan gaan ek om en om die blok ryk. ’n Rooie, Mamma? ’n Rooie met ’n klokkie.” Die kind lag opgewonde en die ma stoot haar in die rigting van oom Stan. “Kom, gee Oom Stan ’n drukkie en sê dankie vir die lekker les.” Die kind ruk los en hardloop by die deur uit. “Ansa! Kom groet eers!” Oom Stan neem die ma aan die elmboog en begelei haar by die deur uit. “Los maar, Mevrou, ek weet mos hoe skaam is klein meisietjies.” Hy lag. “Dié klein Ansa van julle. En watter verbeelding!” Die ma rol haar oë. “Ja, daardie verbeelding … dit gaan nog probleme veroorsaak.” *** Die bejaarde vrou sit regop in haar bed. Sy glimlag breed as Emma instap. “Emmatjie! Jy is aan diens! Kom sit hier by my op die bed. Ek lê nou juis en dink aan hoe baie jy soos Bollens is.” Emma gaan sit langs haar op die bed. “My gunsteling Tannie! Vertel my? Wie is Bollens?” Ansa skuif haarself reg vir die storie. “Die roos-fee se kind.” Sy lag. “My verbeeldingsmaatjie, het my ma haar genoem. Maar ek sê jou, sy was sy regtig, egtig. Ure gespeel tussen my ma se roosbome. Enigste kind, sien? Nie eintlik maats gemaak nie. Bang hulle sien …” Emma skuif die kussings agter Ansa reg. “Wat sien? Tannie? “ “Ek kon Bollens alles vertel, Emma. Sy’t geluister. Net soos jy.” “Dit was seker lekker om so ’n maatjie te hê?” Ansa sug swaar. “My ma en pa het niks van Bollens gehou nie. Ek het eenkeer vir die kerk se susters vertel dat ek en Bollens elke dag bessies vir die rose-god offer.” Sy lag weer. “Oe, dit was ’n ding!” Emma lag saam. “Toe dog hulle seker Tannie is van de bose?” “Ja, my kind, van toe af het die susters van die gemeente my skeef aangekyk. ‘Daardie vreemde kind van Dominee,’ het hulle geskinder.” *** Die ma roep na die kind. Sy stap na die roostuin. “Ansa! Dis tyd vir kerk! Is jy doof? Die kerkklokke lui hier langs ons en jy sit in die tuin en speel! Ansa? Wat maak jy hier tussen die rose? Ansa! Haal jou hande uit jou broekie!” Die kind spring op en trek haar rokkie reg. Sy huil. “Askies Mamma, askies.” Die ma stof die kind se klere af. “Roosblare? Hoekom druk jy roosblare in jou broekie? Mamma is nie kwaad nie … e .. dis net ’n snaakse ding wat jy doen?” Die kind huil harder. “Dis vir my roosknoppie. Oom… e … Bollens sê ek het ’n roosknoppie in my broekie.” “Dis waar, my Asjas. Jy het ’n roosknoppie, maar … Ons moet gou ’n skoon broekie gaan aantrek. Pappa hou nie daarvan as ons laat is nie. Hy doop vandag.” Die kind hou op huil en luister aandagtig na haar ma. “Dan gaan Pappa weer vertel van die kindertjies en Jesus? En die stoute ooms wat nie die kindertjies moet seermaak nie?” Die ma frons. “Nee my ding, daar is nie stoute ooms in die Bybelstorie nie.” Die kind stamp haar voete en begin weer huil. “Maar daar is so ’n oom! Bollens sê ook so. Die oom wat kinders seermaak.” Die ma neem die kind se hand en stap na die huis. “Jy glo te veel aan Bollens en bogstories, Ansatjie. Jesus pas soet kinders op.” Die kind ruk haar hand los en gaan staan voor haar ma. “Maar … Is ek dan stout, Mamma? Hoekom pas Jesus my nie op nie?”
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-2/
af
2016-09-23
www.rooirose.co.za/f26d6bf3ac6a1c8db497601935b33c1e579620947498d53da63f01f8ae407e57.json
[ "Daar staan ’n klein opwenmallemeul langs die kind se bed. As sy dit opwen, speel dit ’n wiegeliedjie en dan dans die perdjies al in die rondte. Elke aand mag Ansa dit net een keer opwen. Dis haar pa se voorskrifte. Hy glo kinders moet hul speelgoed oppas. Maar soms, as haar pa by die kerkkantoor is, sluip sy in haar kamer in en wen dit op.\nHaar ma sit by haar op die bed en hulle luister saam na die deuntjie.\n“Kom, Ansatjie. Tyd om te kniel. Daarsy, hier styf langs Mamma.” Die ma vou haar arm om die kind terwyl sy bid.\n“Ek is ’n kindjie klein … Mamma, as Jesus kom, gaan ek hel toe?”\nDie ma is merkbaar geskok.\n“Natuurlik nie, my hartjie, jy het mos gebid?” Sy streel oor die kind se kop. Die kind vou weer haar handjies voor haar.\n“Miskien moet ek vanaand nog net een keertjie bid. Ek is bang Hy hoor my nie.”\nDie ma lag en vryf die kind se hare deurmekaar.\n“Natuurlik hoor Hy jou. Hy kan alles hoor.”\nDie kind vou haar handjies om haar ma se gesig. Sy hou haar gesiggie naby aan haar ma.\n“En sien? Mamma, kan Hy alles sien?”\n“Alles, my kind.”\n“Van daar bo, Mamma? Alliepad tot op die aarde?”\nDie ma soen die kind op haar voorkop.\n“Alliepad.”\nDie kind kniel weer en vou haar handjies voor haar.\n“Mamma? Nog net een keertjie bid. Tot my hartjie rein is?”\n***\nDie bejaarde vrou wen die musiekmallemeule langs haar bed op. Sy sit aandagtig en luister.\nEmma, haar versorger, kom in en gaan sit langs haar op die bed.\n“Tannie Ansa? Wat is verkeerd?”\nAnsa vou haar hande voor haar en prewel ’n gebed.\n“Maak my hartjie rein … Mamma? As ek mooi oefen, sal Liewe Jesus bly wees?”\nEmma vou haar arm om Ansa se skouers.\n“Dis ek, Emma, Tannie. Kom, dis tyd om bietjie te lê. As mens moeg is raak jy deurmekaar.”\nAnsa beur regop. Sy wil opstaan.\n“Maar ek moet oefen, dan gaan Jesus my vergewe.”\nEmma druk haar terug op die bed.\n“Ons gaan nie vandag die kop weer laat gaan nie, gehoor? Kyk vir my, Tannie, kyk vir my. Dis Emma.”\nAnsa probeer Emma wegdruk.\n“Wag, Mamma. Ek is nie klaar geoefen nie. Ons kan nie nou na Oom Stan toe gaan nie, asseblief Mamma.”\nEmma streel Ansa se kop.\n“Stadig nou, Tannie, raak nou rustig”\nEmma staan op en trek die kamer se gordyne toe.\nAnsa beur verward regop.\n“Maak seblief oop die gordyne, Oom Stan, ek wil sien as Mamma kom. Sy kom vroeg.”\n***\nDie dogtertjie spring op van die klavierstoeltjie.\n“My Mamma! My Mamma! Ek het Oom mos gesê!”\nOom Stan staan ook op en trek die musiekkamer se gordyne oop.\n“Ansatjie, Mamma hoef nie te weet jy het nie vandag jou les geken nie. Oom sal niks sê nie, hoor? Ek belowe.”\nHy stap na die deur en maak dit oop.\n“Mevrou Duvenhage! U is vroeg! Maar dit is goed, ek het goeie nuus om te deel, né Ansa? Sy het vandag so pragtig gespeel. As sy so aangaan, wen sy Annine in die kunswedstryd!”\nDie ma glimlag en druk die dogtertjie teen haar vas.\n“Ansa? Hoor jy? Net bietjie harder oefen!”\nOom Stan probeer Ansa se kop streel, maar sy ruk weg.\n“Mevrou en Dominee kan so trots wees.”\nDie ma neem die musiekboeke op die klavier en pak dit in die kind se musieksak.\n“Mamma is so trots, Ansatjie. As jy Annine wen, koop Mamma vir jou ’n regte grootmeisie-fiets.”\nDie kind gaan staan voor haar ma. Sy trippel rond van opgewondenheid.\n“Regtig Mamma? Dan, dan gaan ek om en om die blok ryk. ’n Rooie, Mamma? ’n Rooie met ’n klokkie.”\nDie kind lag opgewonde en die ma stoot haar in die rigting van oom Stan.\n“Kom, gee Oom Stan ’n drukkie en sê dankie vir die lekker les.”\nDie kind ruk los en hardloop by die deur uit.\n“Ansa! Kom groet eers!”\nOom Stan neem die ma aan die elmboog en begelei haar by die deur uit.\n“Los maar, Mevrou, ek weet mos hoe skaam is klein meisietjies.” Hy lag. “Dié klein Ansa van julle. En watter verbeelding!”\nDie ma rol haar oë.\n“Ja, daardie verbeelding … dit gaan nog probleme veroorsaak.”\n***\nDie bejaarde vrou sit regop in haar bed. Sy glimlag breed as Emma instap.\n“Emmatjie! Jy is aan diens! Kom sit hier by my op die bed. Ek lê nou juis en dink aan hoe baie jy soos Bollens is.”\nEmma gaan sit langs haar op die bed.\n“My gunsteling Tannie! Vertel my? Wie is Bollens?”\nAnsa skuif haarself reg vir die storie.\n“Die roos-fee se kind.” Sy lag. “My verbeeldingsmaatjie, het my ma haar genoem. Maar ek sê jou, sy was sy regtig, egtig. Ure gespeel tussen my ma se roosbome. Enigste kind, sien? Nie eintlik maats gemaak nie. Bang hulle sien …”\nEmma skuif die kussings agter Ansa reg.\n“Wat sien? Tannie? “\n“Ek kon Bollens alles vertel, Emma. Sy’t geluister. Net soos jy.”\n“Dit was seker lekker om so ’n maatjie te hê?”\nAnsa sug swaar.\n“My ma en pa het niks van Bollens gehou nie. Ek het eenkeer vir die kerk se susters vertel dat ek en Bollens elke dag bessies vir die rose-god offer.” Sy lag weer. “Oe, dit was ’n ding!”\nEmma lag saam.\n“Toe dog hulle seker Tannie is van de bose?”\n“Ja, my kind, van toe af het die susters van die gemeente my skeef aangekyk. ‘Daardie vreemde kind van Dominee,’ het hulle geskinder.”\n***\nDie ma roep na die kind. Sy stap na die roostuin.\n“Ansa! Dis tyd vir kerk! Is jy doof? Die kerkklokke lui hier langs ons en jy sit in die tuin en speel! Ansa? Wat maak jy hier tussen die rose? Ansa! Haal jou hande uit jou broekie!”\nDie kind spring op en trek haar rokkie reg. Sy huil.\n“Askies Mamma, askies.”\nDie ma stof die kind se klere af.\n“Roosblare? Hoekom druk jy roosblare in jou broekie? Mamma is nie kwaad nie … e .. dis net ’n snaakse ding wat jy doen?”\nDie kind huil harder.\n“Dis vir my roosknoppie. Oom… e … Bollens sê ek het ’n roosknoppie in my broekie.”\n“Dis waar, my Asjas. Jy het ’n roosknoppie, maar … Ons moet gou ’n skoon broekie gaan aantrek. Pappa hou nie daarvan as ons laat is nie. Hy doop vandag.”\nDie kind hou op huil en luister aandagtig na haar ma.\n“Dan gaan Pappa weer vertel van die kindertjies en Jesus? En die stoute ooms wat nie die kindertjies moet seermaak nie?”\nDie ma frons.\n“Nee my ding, daar is nie stoute ooms in die Bybelstorie nie.”\nDie kind stamp haar voete en begin weer huil.\n“Maar daar is so ’n oom! Bollens sê ook so. Die oom wat kinders seermaak.”\nDie ma neem die kind se hand en stap na die huis.\n“Jy glo te veel aan Bollens en bogstories, Ansatjie. Jesus pas soet kinders op.”\nDie kind ruk haar hand los en gaan staan voor haar ma.\n“Maar … Is ek dan stout, Mamma? Hoekom pas Jesus my nie op nie?”", "Sonate, hoofstuk 2" ]
[]
2016-09-26 22:01:29+00:00
null
2016-09-22 14:46:11
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fwen-met-osteoeze%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/OsteoEze-e1474548087946-355x415.jpg
en
null
Wen met OsteoEze
null
null
www.rooirose.co.za
Dit is alombekend dat ’n aktiewe leefstyl ’n direkte invloed op die toestand van jou hart, gesondheid en selfs jou verstand het, maar min mense weet dat dit ook goed is vir jou gewrigte. Soos wat ons ouer word, kan ons probleme met ons gewrigte en spiere opdoen. En dit kan op sy beurt die oorsaak van verskeie ander kwale wees. Tog is daar bewys dat gereelde oefening die ontwikkeling van gewrig- en spierprobleme kan voorkom. So ook kan dit jou help om op jou oudag meer mobiel te wees. Dit is egter baie maklik om spierbeserings op te doen wanneer jy ná ’n lang rustydperk weer jou oefenprogram opneem. OsteoEze® Acute bevat aktiewe bestanddele wat kan help om jou gewrigte teen inflammasie en pyn te beskerm. So ook help die mengsel van bestanddele die liggaam om pyn en swelling weens verstuitings, verrekkings en beserings te verminder. Voltooi die onderstaande vorm en jy kan een van drie gelukkige wenners wees wat ’n geskenkpak van OsteoEze® Acute ter waarde van R1 000 wen. Sluitdatum: 2 Oktober 2016 Bepalings en voorwaardes geld. Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres * Adres * Ek het die kompetisiereëls en voorwaardes gelees en verstaan * Ja Nee Third Choice Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee Third Choice
http://www.rooirose.co.za/wen-met-osteoeze/
af
2016-09-22
www.rooirose.co.za/9977786328317575b24932673bd8441d99a4220629e487226890ffdb5963066e.json
[ "Dit is alombekend dat ’n aktiewe leefstyl ’n direkte invloed op die toestand van jou hart, gesondheid en selfs jou verstand het, maar min mense weet dat dit ook goed is vir jou gewrigte. Soos wat ons ouer word, kan ons probleme met ons gewrigte en spiere opdoen. En dit kan op sy beurt die oorsaak van verskeie ander kwale wees.\nTog is daar bewys dat gereelde oefening die ontwikkeling van gewrig- en spierprobleme kan voorkom. So ook kan dit jou help om op jou oudag meer mobiel te wees. Dit is egter baie maklik om spierbeserings op te doen wanneer jy ná ’n lang rustydperk weer jou oefenprogram opneem.\nOsteoEze® Acute bevat aktiewe bestanddele wat kan help om jou gewrigte teen inflammasie en pyn te beskerm. So ook help die mengsel van bestanddele die liggaam om pyn en swelling weens verstuitings, verrekkings en beserings te verminder.\nVoltooi die onderstaande vorm en jy kan een van drie gelukkige wenners wees wat ’n geskenkpak van OsteoEze® Acute ter waarde van R1 000 wen.\nSluitdatum: 2 Oktober 2016\nBepalings en voorwaardes geld.\nNaam *\nVan *\nKontaknommer *\nE-posadres *\nAdres *\nEk het die kompetisiereëls en voorwaardes gelees en verstaan * Ja Nee Third Choice\nMag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee Third Choice", "Wen met OsteoEze" ]
[]
2016-09-30 08:22:34+00:00
null
2016-09-30 10:08:03
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Faltus-en-zetske-se-seuntjie-gebore%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Zetske-van-Pletzen-1-355x415.jpg
en
null
Altus en Zetske se seuntjie is gebore
null
null
www.rooirose.co.za
Die glanspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart het op 30 September 2016 vir die eerste keer ouers geword! Hul babaseuntjie is vroegoggend gebore. Zetske, wat straal op die Oktober 2016-voorblad van rooi rose, kon nie wag om hul seuntjie te ontmoet nie. “Dit (swangerskap), was regtig van die begin af lekker en gaan hopeloos te vinnig verby. ’n Mens dink jy het nog hope tyd tot jy skielik besef dis amper verby.” Sy wou nog altyd ’n ma wees … “Ek het van kleins af ’n vreeslike sterk moedersinstink gehad. Ek is ’n baie rustige mens en hoop maar ek is net so ’n easy going-ma.” Ons was ook by Zetske se pragtige Ooievaarstee. Kyk hier na die foto’s en video’s. Zetske en Altus, met wie sy in Januarie 2012 getroud is, ken mekaar al nege jaar en het mekaar ontmoet toe hulle saam in die TV-reeks Kruispad gespeel het. “Nie een van ons was op soek na ’n ernstige verhouding nie – dit het net spontaan gebeur. Ons het beplan om so twee jaar ná ons troue met ’n gesin te begin, maar dit was nie altyd so maklik met twee vryskutakteurs se inkomste nie. Toe ons weer sien, is dit al vier jaar.”
http://www.rooirose.co.za/altus-en-zetske-se-seuntjie-gebore/
af
2016-09-30
www.rooirose.co.za/7b06c6b0ec07b74fd48fc3f69f8a97c5cf1158ab31e109a7ad92b4a10d00bcb3.json
[ "Die glanspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart het op 30 September 2016 vir die eerste keer ouers geword! Hul babaseuntjie is vroegoggend gebore.\nZetske, wat straal op die Oktober 2016-voorblad van rooi rose, kon nie wag om hul seuntjie te ontmoet nie.\n“Dit (swangerskap), was regtig van die begin af lekker en gaan hopeloos te vinnig verby. ’n Mens dink jy het nog hope tyd tot jy skielik besef dis amper verby.”\nSy wou nog altyd ’n ma wees …\n“Ek het van kleins af ’n vreeslike sterk moedersinstink gehad. Ek is ’n baie rustige mens en hoop maar ek is net so ’n easy going-ma.”\nOns was ook by Zetske se pragtige Ooievaarstee. Kyk hier na die foto’s en video’s.\nZetske en Altus, met wie sy in Januarie 2012 getroud is, ken mekaar al nege jaar en het mekaar ontmoet toe hulle saam in die TV-reeks Kruispad gespeel het. “Nie een van ons was op soek na ’n ernstige verhouding nie – dit het net spontaan gebeur. Ons het beplan om so twee jaar ná ons troue met ’n gesin te begin, maar dit was nie altyd so maklik met twee vryskutakteurs se inkomste nie. Toe ons weer sien, is dit al vier jaar.”", "Altus en Zetske se seuntjie is gebore" ]
[]
2016-09-26 22:00:50+00:00
null
2016-09-23 13:35:55
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsa-modeweek-winter-2017%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/SAFWAW17_Non-355x415.jpg
en
null
SA-modeweek Winter 2017
null
null
www.rooirose.co.za
SA-modeweek Winter 2017 is vanjaar deur Woolworths geborg en by die The Park, House of Events on 7 in Hyde Park gehou. Daar was skemerkelkie-roomysies en Aero Bubble om tussen vertonings aan te knibbel. Hier is ons gunstelingmodes van die week: Die rooi tweeling van Keys Fashion Die sterrestelsel-materiaal van Coleen Eitzen Sagte moue van Non European Die voering van Africa Style Story Die patroon wat lap op jou vel maak van Atelier Dajee Die moderne leerbaadjie van Erre Ongewone some van Heart & Heritage Die perfekte mengsel van patroon & kleur van Yada Exclusive Designs Die hoed van Sungoddess Die voëltjies van Somerset Jane Die borslap van Sober Teenoorgestelde sakke van Siyathokoza Die apies van Sheila madge Designs Die 80’s-voorkoms van Mieke Wit afwerking van Manthso by Palesa Die pers-en-rooi baadjie van Judith Atelier Die ‘flapper’ rokkie van JJ Schoeman Die swart-en-wit patrone van Greeg Kyle Die aandrok van Gert Johan Coetzee Die asimmetriese jas van Etsa Die nuwe manier om jou serp te dra van Kottin & Twille Die nagemaakte pels van Clive Rundle Vir meer besonderhede oor die modes besoek safashionweek.co.za en hou hulle dop vir die volgende reeks vertonings in 2017. Save Save Save Save
http://www.rooirose.co.za/sa-modeweek-winter-2017/
af
2016-09-23
www.rooirose.co.za/5b40aae68e01ca1276b0c78f978f054143a93aff1e265f05c7df5b4c569b191f.json
[ "SA-modeweek Winter 2017 is vanjaar deur Woolworths geborg en by die The Park, House of Events on 7 in Hyde Park gehou. Daar was skemerkelkie-roomysies en Aero Bubble om tussen vertonings aan te knibbel. Hier is ons gunstelingmodes van die week:\nDie rooi tweeling van Keys Fashion\nDie sterrestelsel-materiaal van Coleen Eitzen\nSagte moue van Non European\nDie voering van Africa Style Story\nDie patroon wat lap op jou vel maak van Atelier Dajee\nDie moderne leerbaadjie van Erre\nOngewone some van Heart & Heritage\nDie perfekte mengsel van patroon & kleur van Yada Exclusive Designs\nDie hoed van Sungoddess\nDie voëltjies van Somerset Jane\nDie borslap van Sober\nTeenoorgestelde sakke van Siyathokoza\nDie apies van Sheila madge Designs\nDie 80’s-voorkoms van Mieke\nWit afwerking van Manthso by Palesa\nDie pers-en-rooi baadjie van Judith Atelier\nDie ‘flapper’ rokkie van JJ Schoeman\nDie swart-en-wit patrone van Greeg Kyle\nDie aandrok van Gert Johan Coetzee\nDie asimmetriese jas van Etsa\nDie nuwe manier om jou serp te dra van Kottin & Twille\nDie nagemaakte pels van Clive Rundle\nVir meer besonderhede oor die modes besoek safashionweek.co.za en hou hulle dop vir die volgende reeks vertonings in 2017.\nSave\nSave\nSave\nSave", "SA-modeweek Winter 2017" ]
[]
2016-09-19 05:33:24+00:00
null
2016-09-19 06:00:28
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fblindings-en-hortjies-teenoor-gordyne%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/08/alpha-blinds-355x358.jpg
en
null
Blindings en hortjies teenoor gordyne
null
null
www.rooirose.co.za
Blindings en hortjies teenoor gordyne Wat ook al jou behoeftes vir die vensters in jou huis is, is blindings of hortjies ’n goeie en ekonomiese opsie. Die keuses is eindeloos. Deur Cornel Dunn.
http://www.rooirose.co.za/blindings-en-hortjies-teenoor-gordyne/
af
2016-09-19
www.rooirose.co.za/7273c91db4868d7a08d7b9a5ea386e2c9ef16a9a9729eb3b33b98d3b79849983.json
[ "Blindings en hortjies teenoor gordyne\nWat ook al jou behoeftes vir die vensters in jou huis is, is blindings of hortjies ’n goeie en ekonomiese opsie. Die keuses is eindeloos. Deur Cornel Dunn.", "Blindings en hortjies teenoor gordyne" ]
[]
2016-09-29 12:12:35+00:00
null
2016-09-29 12:56:11
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsa-tiener-wen-internasionale-prys%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Kiara-Nirghin-355x415.jpg
en
null
SA-tiener wen internasionale prys
null
null
www.rooirose.co.za
Die toekennings is gister (Woensdag, 28 September) by Google se hoofkantore in Kalifornië gehou. Kiara het tussen 15 ander internasionale deelnemers uitgestaan en ’n beurs van $50 000 gewen. Kiara se innovering is geïnspireer deur die verskriklike droogte wat Suid-Afrika aangegryp het – die ergste sedert 1982. Die idee behels die gebruik van lemoenskille om absorberende materiaal te skep wat water in die grond behou. Kiara hoop dat, omdat haar uitvinding ’n goedkoper en meer omgewingsvriendelike alternatief tot nie-bioafbreekbare super-absorberende polimere bied, dit boere kan help om geld en gewasse te bespaar. *Die Google Science Fair is ’n internasionale aanlynkompetisie vir wetenskap en tegnologie wat deur individue en groepe tussen die ouderdomm van 13 en 18 ingeskryf kan word. Bron: SAPeople
http://www.rooirose.co.za/sa-tiener-wen-internasionale-prys/
af
2016-09-29
www.rooirose.co.za/eebbea3476431f34e7beee38df15efe1260025c20e6fdf456a5c33b288df54eb.json
[ "Die toekennings is gister (Woensdag, 28 September) by Google se hoofkantore in Kalifornië gehou. Kiara het tussen 15 ander internasionale deelnemers uitgestaan en ’n beurs van $50 000 gewen.\nKiara se innovering is geïnspireer deur die verskriklike droogte wat Suid-Afrika aangegryp het – die ergste sedert 1982. Die idee behels die gebruik van lemoenskille om absorberende materiaal te skep wat water in die grond behou.\nKiara hoop dat, omdat haar uitvinding ’n goedkoper en meer omgewingsvriendelike alternatief tot nie-bioafbreekbare super-absorberende polimere bied, dit boere kan help om geld en gewasse te bespaar.\n*Die Google Science Fair is ’n internasionale aanlynkompetisie vir wetenskap en tegnologie wat deur individue en groepe tussen die ouderdomm van 13 en 18 ingeskryf kan word.\nBron: SAPeople", "SA-tiener wen internasionale prys" ]
[]
2016-09-26 21:59:24+00:00
null
2016-09-23 15:08:38
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2F5-slim-truuks-met-n-teesakkie%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Teesakkies-355x415.jpg
en
null
5 slim truuks met ’n teesakkie
null
null
www.rooirose.co.za
1 Streel jou sonbrand Jy moet altyd sonbrand probeer vermy, maar as jy dit opdoen, kan ’n paar klam, koel teesakkies die byt uit die brand neem. Dit werk ook goed vir ander geringe brandwonde en skaafskade van ’n skeermes. Sit ’n paar teesakkies in jou badwater en week jou hele lyf in ’n teebad om sonbrand te streel. 2 Verlig moeë oë Week twee teesakkies in warm water en plaas dit vir 20 minute oor jou geslote oë om moegheid of powwerige oë te laaf. Die tannien in die tee streel moeë oë en neem sakkies onder jou oë weg. Dit help ook om donker kringe onder die oë te versag. Donker kringe is ’n vorm van kneusing en die tannien verlig dit. 3. Verfris jou vel … en behandel olierige dele met ’n teesakkie. Klad droog met ’n skoon handdoek 4 Stop voetreuke Laaf jou voete vir twintig minute in ’n koel teebad. Die tannien beveg bakterieë en reuke. 5 Verlig kneusplekke Streel ’n kneusplek met ’n klam teesakkie. Tannien vernou bloedvate en staak die lekplekkies wat verkleuring veroorsaak. Lees ook oor kruitee se medisinale eienskappe
http://www.rooirose.co.za/5-slim-truuks-met-n-teesakkie/
af
2016-09-23
www.rooirose.co.za/58a4b65bfd7f26bfc45de3a3dfdf36e11db24b46cf4b86efa20062aa41232a98.json
[ "1 Streel jou sonbrand\nJy moet altyd sonbrand probeer vermy, maar as jy dit opdoen, kan ’n paar klam, koel teesakkies die byt uit die brand neem. Dit werk ook goed vir ander geringe brandwonde en skaafskade van ’n skeermes. Sit ’n paar teesakkies in jou badwater en week jou hele lyf in ’n teebad om sonbrand te streel.\n2 Verlig moeë oë\nWeek twee teesakkies in warm water en plaas dit vir 20 minute oor jou geslote oë om moegheid of powwerige oë te laaf. Die tannien in die tee streel moeë oë en neem sakkies onder jou oë weg. Dit help ook om donker kringe onder die oë te versag. Donker kringe is ’n vorm van kneusing en die tannien verlig dit.\n3. Verfris jou vel\n… en behandel olierige dele met ’n teesakkie. Klad droog met ’n skoon handdoek\n4 Stop voetreuke\nLaaf jou voete vir twintig minute in ’n koel teebad. Die tannien beveg bakterieë en reuke.\n5 Verlig kneusplekke\nStreel ’n kneusplek met ’n klam teesakkie. Tannien vernou bloedvate en staak die lekplekkies wat verkleuring veroorsaak.\nLees ook oor kruitee se medisinale eienskappe", "5 slim truuks met ’n teesakkie" ]
[]
2016-09-27 11:48:38+00:00
null
2016-09-27 11:54:16
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fhandgemaakte-sjokolade-kos-van-die-gode%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/APRTrend04RR-e1474969836361-355x415.jpg
en
null
Handgemaakte sjokolade: kos van die gode
null
null
www.rooirose.co.za
Die proses Ons het by Honest Chocolate en De Villiers Artisan Chocolate gaan kyk (en proe) hoe dit gedoen word: 1 Kakaobone word in die fabriek gerooster om al die geur te onttrek. 2 & 3 In die volgende proses word die bone gemaal en verfyn wat saam met die byvoeging van kakaobotter die sygladde tekstuur en smaak verseker. 4 Sjokolade word met die hand getemper. 5 Die verleiding word in vorms gegiet. Ons gunsteling ‘Artisan’-sjokolademakers COCOÁFAIR Dié artisan-sjokoladewinkel is in die bekende Biscuit Mill in Woodstock. Hier maak Thor Thorøe en Antonio Allegra organiese sjokolade op ’n volhoubare manier. Dit is ook vir hulle belangrik dat die kakaobone op ’n etiese manier verbou moet word. Hulle is veral nou betrokke by projekte in Uganda om die boere en gemeenskappe te help om infrastruktuur daar te stel sodat die boere uiteindelik selfversorgend kan wees. Besoek die winkel by die Old Biscuit Mill in Woodstock of bel hulle by 021 447 7355. HONEST CHOCOLATE Anthony en Michael van Honest Chocolate in Woodstock maak klein hoeveelhede sjokolade op die ou manier. Sjokolade word met die hand getemper en bonbons word nog met die hand in sjokolade gedoop (word daar ook vingers afgelek?!) Hulle gebruik net rou, organiese kakao uit Ecuador. Honest Chocolate bevat geen preserveermiddels, byvoegings of verdikkers nie. Anthony en Michael is ewe eerlik en opreg in die metodes en passie waarmee hulle regte, egte sjokolade maak. Besoek hul winkel in Walestraat 64A, Kaapstad, of kyk by www.honestchocolate.co.za DE VILLIERS ARTISAN CHOCOLATE Die De Villiers-gesin van die Spice Route-wynlandgoed buite die Paarl het wêreldwyd gesoek na die hoogste gehalte kakaobone en vandag word slegs die topvyfbone in hul Origin-reeks gebruik. Die sjokolade bevat ook geen sintetiese geurmiddels of groentevette nie – slegs kakao-botter word gebruik. Die fabriek is elke dag tussen 9:00 en 17:00 oop. Jy kan kyk hoe die sjokolade gemaak word en sommer proe ook (teen R25) of ’n lekker roomys en koffie geniet. www.dvchocolate.com VON GEUSAU-SJOKOLADE Richard von Geusau is bekend vir sy delikate, handgemaakte sjokolade wat hy op die pragmooi dorpie Greyton maak. Hy gebruik gehalte- Belgiese sjokolade met ’n baie hoë kakao-inhoud en geen kunsmatige geurmiddels en byvoegings nie. Hy het saam met Kevin Arnold van die Waterford-wyn-landgoed by Stellenbosch ’n baie interessante sjokoladereeks ontwikkel wat perfek by wyn pas. Kyk by www.vgchocolate.co.za of bel hom by 028 254 9100.
http://www.rooirose.co.za/handgemaakte-sjokolade-kos-van-die-gode/
af
2016-09-27
www.rooirose.co.za/3909e454cc3da2bd1b98f5e00e9a096906857f93932526930e52c54a19f8d63a.json
[ "Die proses\nOns het by Honest Chocolate en De Villiers Artisan Chocolate gaan kyk (en proe) hoe dit gedoen word:\n1 Kakaobone word in die fabriek gerooster om al die geur te onttrek.\n2 & 3 In die volgende proses word die bone gemaal en verfyn wat saam met die byvoeging van kakaobotter die sygladde tekstuur en smaak verseker.\n4 Sjokolade word met die hand getemper.\n5 Die verleiding word in vorms gegiet.\nOns gunsteling ‘Artisan’-sjokolademakers\nCOCOÁFAIR\nDié artisan-sjokoladewinkel is in die bekende Biscuit Mill in Woodstock. Hier maak Thor Thorøe en Antonio Allegra organiese sjokolade op ’n volhoubare manier. Dit is ook vir hulle belangrik dat die kakaobone op ’n etiese manier verbou moet word. Hulle is veral nou betrokke by projekte in Uganda om die boere en gemeenskappe te help om infrastruktuur daar te stel sodat die boere uiteindelik selfversorgend kan wees. Besoek die winkel by die Old Biscuit Mill in Woodstock of bel hulle by 021 447 7355.\nHONEST CHOCOLATE\nAnthony en Michael van Honest Chocolate in Woodstock maak klein hoeveelhede sjokolade op die ou manier. Sjokolade word met die hand getemper en bonbons word nog met die hand in sjokolade gedoop (word daar ook vingers afgelek?!) Hulle gebruik net rou, organiese kakao uit Ecuador. Honest Chocolate bevat geen preserveermiddels, byvoegings of verdikkers nie. Anthony en Michael is ewe eerlik en opreg in die metodes en passie waarmee hulle regte, egte sjokolade maak. Besoek hul winkel in Walestraat 64A, Kaapstad, of kyk by www.honestchocolate.co.za\nDE VILLIERS ARTISAN CHOCOLATE\nDie De Villiers-gesin van die Spice Route-wynlandgoed buite die Paarl het wêreldwyd gesoek na die hoogste gehalte kakaobone en vandag word slegs die topvyfbone in hul Origin-reeks gebruik. Die sjokolade bevat ook geen sintetiese geurmiddels of groentevette nie – slegs kakao-botter word gebruik. Die fabriek is elke dag tussen 9:00 en 17:00 oop. Jy kan kyk hoe die sjokolade gemaak word en sommer proe ook (teen R25) of ’n lekker roomys en koffie geniet. www.dvchocolate.com\nVON GEUSAU-SJOKOLADE\nRichard von Geusau is bekend vir sy delikate, handgemaakte sjokolade wat hy op die pragmooi dorpie Greyton maak. Hy gebruik gehalte- Belgiese sjokolade met ’n baie hoë kakao-inhoud en geen kunsmatige geurmiddels en byvoegings nie. Hy het saam met Kevin Arnold van die Waterford-wyn-landgoed by Stellenbosch ’n baie interessante sjokoladereeks ontwikkel wat perfek by wyn pas. Kyk by www.vgchocolate.co.za of bel hom by 028 254 9100.", "Handgemaakte sjokolade: kos van die gode" ]
[]
2016-09-20 11:34:39+00:00
null
2016-09-20 11:55:13
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fyoutube-ster-maak-geskiedenis-nyfw%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/NYFW-355x415.png
en
null
YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW
null
null
www.rooirose.co.za
YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW In die jongste New York Modeweek-nuus het die bekende YouTube-ster, Amanda Steele (17), opslae gemaak nadat sy die Maybelline New York-span agter-die-skerms bygestaan het om modelle vir verskeie modevertonings te grimeer.
http://www.rooirose.co.za/youtube-ster-maak-geskiedenis-nyfw/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/d8f50799952b573cfcdadd0bcb936c4087fdf1b99173a4e8508bea41c93c28e2.json
[ "YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW\nIn die jongste New York Modeweek-nuus het die bekende YouTube-ster, Amanda Steele (17), opslae gemaak nadat sy die Maybelline New York-span agter-die-skerms bygestaan het om modelle vir verskeie modevertonings te grimeer.", "YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW" ]
[]
2016-09-20 19:34:49+00:00
null
2016-09-20 19:52:34
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fbrad-pitt-angelina-jolie-gaan-skei%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Brad-Pitt-en-Angelina-Jolie-355x415.jpg
en
null
Brad Pitt & Angelina Jolie gaan skei
null
null
www.rooirose.co.za
Een van Hollywood se mooiste en mees suksesvolle vroue, Angelina Jolie, het Maandag haar man, die ewe bekende akteur Brad Pitt, om ’n egskeiding gevra. Angelina se prokureur het die nuus aan die Associated Press bekendgemaak. Angelina en Brad (ook bekend as Brangelina) was vir twee jaar getroud en het saam ses kinders: Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Vivienne en Knox. Angie wil volle toesig oor die kinders hê nadat sy beweer daar is onversoenbare verskille tussen haar en Brad. Bronne na aan die paartjie sê die egskeiding is as ’n gevolg van Brad se ouerskap-metodes en sy dagga- en alkohol-verbruik. Brad het die nuus in ’n verklaring aan People Magazine bevestig: “Ek is baie hartseer, maar die welsyn van ons kinders is nou belangriker. Ek vra die pers om hulle asseblief die spasie te gee wat hulle in hierdie moeilike tyd verdien.” Angelina se prokureur het elders in ’n verklaring aan Reuters gesê: “Die besluit is vir haar familie geneem. Sy sal nie nou beskikbaar wees vir kommentaar nie en versoek dat haar familie hul privaatheid gegun word in hierdie tyd.” Die paartjie het in 2005 begin uitgaan nadat hulle die trefferfliek Mr. & Mrs. Smith verfilm het. Hulle het in 2012 verloof geraak en is in 2014 getroud. Bron: Huffington Post
http://www.rooirose.co.za/brad-pitt-angelina-jolie-gaan-skei/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/1a4e0df8244b8736b15ad9eb91dce33d0c915d94c3841761e0815d81acd61ec0.json
[ "Een van Hollywood se mooiste en mees suksesvolle vroue, Angelina Jolie, het Maandag haar man, die ewe bekende akteur Brad Pitt, om ’n egskeiding gevra. Angelina se prokureur het die nuus aan die Associated Press bekendgemaak.\nAngelina en Brad (ook bekend as Brangelina) was vir twee jaar getroud en het saam ses kinders: Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Vivienne en Knox.\nAngie wil volle toesig oor die kinders hê nadat sy beweer daar is onversoenbare verskille tussen haar en Brad.\nBronne na aan die paartjie sê die egskeiding is as ’n gevolg van Brad se ouerskap-metodes en sy dagga- en alkohol-verbruik.\nBrad het die nuus in ’n verklaring aan People Magazine bevestig: “Ek is baie hartseer, maar die welsyn van ons kinders is nou belangriker. Ek vra die pers om hulle asseblief die spasie te gee wat hulle in hierdie moeilike tyd verdien.”\nAngelina se prokureur het elders in ’n verklaring aan Reuters gesê: “Die besluit is vir haar familie geneem. Sy sal nie nou beskikbaar wees vir kommentaar nie en versoek dat haar familie hul privaatheid gegun word in hierdie tyd.”\nDie paartjie het in 2005 begin uitgaan nadat hulle die trefferfliek Mr. & Mrs. Smith verfilm het. Hulle het in 2012 verloof geraak en is in 2014 getroud.\nBron: Huffington Post", "Brad Pitt & Angelina Jolie gaan skei" ]
[]
2016-09-16 13:47:06+00:00
null
2016-09-16 10:40:43
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fparalimpiese-spele-nog-dubbele-goud-vir-sa%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Reinhardt-Hamman-2-e1474018442429-355x415.jpg
en
null
Paralimpiese Spele: nóg dubbele goud vir SA
null
null
www.rooirose.co.za
Ernst van Dyk (43), ’n ou bekende in die wêreld van handfietsry en Paralimpiese spele, het gister eerste geeïndig in die padwedren vir handfietse (H5). Dit is vanjaar sy sewende en laaste Spele. Van Dyk het saam met Alessandro (Alex) Zanardi van Italië en die Nederlander Jetse Plat oor die wenstreep gery (in ’n tyd van 1:37:49), maar omdat van Dyk se voorwiel eerste oor die wenstreep is, is hy as die wenner gekroon. Op dieselfde dag, en gedurende dieselfde 30 minute, het die spiesgooier Reinhardt Hamman ook ’n goue medalje gewen! Hamman se gooi van 50.96 m in die spiesgooi vir mans (F38) is ’n nuwe Suid-Afrikaanse én Afrika-rekord. Colombia se Luis Fernando Lucumi Villegas was tweede met sy gooi van 49.19 m terwyl Javad Hardani van Irak die bronsmedalje verseker het met ’n gooi van 48.46 m. Suid-Afrika het nou 11 medaljes in totaal by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio. Lees ook: Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA Lees ook: 14-jarige van SA wen in Rio
http://www.rooirose.co.za/paralimpiese-spele-nog-dubbele-goud-vir-sa/
af
2016-09-16
www.rooirose.co.za/36d8b072facc792f74fc2341e5f5dac6f567036b3f5fabd100699d73673d99f5.json
[ "Ernst van Dyk (43), ’n ou bekende in die wêreld van handfietsry en Paralimpiese spele, het gister eerste geeïndig in die padwedren vir handfietse (H5). Dit is vanjaar sy sewende en laaste Spele. Van Dyk het saam met Alessandro (Alex) Zanardi van Italië en die Nederlander Jetse Plat oor die wenstreep gery (in ’n tyd van 1:37:49), maar omdat van Dyk se voorwiel eerste oor die wenstreep is, is hy as die wenner gekroon.\nOp dieselfde dag, en gedurende dieselfde 30 minute, het die spiesgooier Reinhardt Hamman ook ’n goue medalje gewen! Hamman se gooi van 50.96 m in die spiesgooi vir mans (F38) is ’n nuwe Suid-Afrikaanse én Afrika-rekord. Colombia se Luis Fernando Lucumi Villegas was tweede met sy gooi van 49.19 m terwyl Javad Hardani van Irak die bronsmedalje verseker het met ’n gooi van 48.46 m.\nSuid-Afrika het nou 11 medaljes in totaal by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio.\nLees ook: Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA\nLees ook: 14-jarige van SA wen in Rio", "Paralimpiese Spele: nóg dubbele goud vir SA" ]
[]
2016-09-19 13:33:47+00:00
null
2016-09-19 14:26:35
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fkostuin-deel-11%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Groen-tuin-355x415.jpg
en
null
Kostuin, deel 11
null
null
www.rooirose.co.za
Kratte Verskillende kratte (houers uit herwinde materiaal en staalhouers) Vrugtekratte (fruit bins) is gewilde planthouers. Toe ek jare terug by die Cape Town Flower Show ’n hele kostuin saam met ’n span kostuin-entoesiaste uit die township Kayamandi in Stellenbosch gebou het, het die beoordelaars dit goed gedink om vir ons ’n vergulde silwermedalje te gee, maar dit was wel op Elle Decoration se lys van “Top 10 Favourites”! Maar, tye het verander en deesdae skryf baie mense oor kostuine. Vrugtekratte is ’n “quick fix” vir verhewe beddings en maak ideale houers vir plant. Kom ons vat dit verder. Dit is hoe jy die krat kan inspan: Ons maak ’n komposhoop binne die krat waarop jy kan plant. Plant jou eenjariges in die krat sodat jy die kompos kan oes om elders in jou tuin te gebruik as die eenjariges se tyd verby is. Kyk by Laat jou vullis blom hoe om jou eie lasagna-bedding met tuinvullis en bokasji-kombuisafval te bou. Jy herhaal net die proses met al die lagies komposteerbares totdat die krat heeltemal opgevul is tot bokant die rand (dit sak baie af as kompostering begin), en dan plaas jy die grondlagie en deklaag soos uiteengesit. Die hout van die vrugtekratte vergaan redelik vinnig. Dit is raadsaam om die houtkratte met waterdigtingsverf uit te verf of dit uit te voer met sterk plastiek soos Gunplast sodat dit langer hou. Vrugtekratte word al vir ’n geruime tyd as planthouers gebruik, maar omdat dit bepaalde nadele inhou, is daar deesdae allerhande mooi kratte beskikbaar wat nie so maklik verweer nie, en ook gegalvaniseerde staalhouers wat baie mooi is. Plantbokse uit herwinde materiaal Urban Boxes. Kyk hier vir meer. Staalhouers Rain Queen Corrugated Tanks. Kyk hier vir meer. Binne-in die kratte wil ons graag hoogte bewerkstellig sodat ons die spasie doeltreffend kan gebruik. Plantbokse van houtbalke of vrugtekratte kan gebruik word om beddings in te bou, of dit kan bloot plat op die grond wees met beddings wat bloot met pale omlyn word en afgerond met ornamentele gevlegde takstekerms. Spoorwegdwarslêers is altyd gewild vir plantbokse (let op die skulpies vir die paadjie). Lees hier meer oor verhewe beddings: How to build a simple raised bed Raised garden bed ideas 19 Ways to build a raised bed garden Your simple guide to build a raised garden bed Alternatiewe ’n Trampolienraam kan op pale monteer word met die pale in kratte geplant wat in ’n vierkant of sirkel rondom die raam gerangskik is. Rankplante soos grenadella kan daaraan opgelei word en ’n sitplek kan in die skaduwee ingerig word. Pale kan op die hoeke van die krat geplant word om ’n espalier te vorm vir byvoorbeeld kweperbome bolangs en dan kan die groente en kruie onderlangs groei. Tenkrame maak uitstekende houers om in te plant. Dis die perfekte benutting van spasie aangesien jy teen die kante sowel as bo-op kan plant. Kom ons gaan voort met die legkaart-blokkies: Ons hou ook van die suurlemoenboom in die krat en oorweeg ’n baie lae kweperheining rondom die boom binne-in die krat vir optimale benutting van spasie. Ons legkaartstukkies van ons tuin in kratte of plantbokse lyk nou so. • Blokkie 1: plantboks met vormgesnoeide roosmaryn in die middel en ’n ry grasuie reg rondom al teen die kant, geplant met eiervrug en rissies op die hoeke. • Blokkie 2: plantboks met obelisk vir tamaties, pampoene of botterskorsies en bone met beet aan die sonkant en basilie en blaarslaai aan die skadukant. • Blokkie 3: ’n plantboks met ’n standaard/lolliepop-suurlemoenboom en lae kweperheining rondom. Binne die heining onder die boom is pietersielie en tiemie. Hierdie ontwerp sal goed werk in ’n langwerpige spasie maar jy sou dit ook in ’n vierkantige spasie kan gebruik met 4 dele van blokkie 1 en 2 afwisselend gerangskik rondom blokkie 3 in die middel. Los net spasies tussen die verskillende plantbokse sodat jy gemaklik daar kan beweeg. *Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal en Annemé Venter dat ons daar kon foto’s neem.
http://www.rooirose.co.za/kostuin-deel-11/
af
2016-09-19
www.rooirose.co.za/644470f976b7748d05488285f42aa1e5f349d31638af6014ecbb55d34f5ef50f.json
[ "Kratte\nVerskillende kratte (houers uit herwinde materiaal en staalhouers)\nVrugtekratte (fruit bins) is gewilde planthouers. Toe ek jare terug by die Cape Town Flower Show ’n hele kostuin saam met ’n span kostuin-entoesiaste uit die township Kayamandi in Stellenbosch gebou het, het die beoordelaars dit goed gedink om vir ons ’n vergulde silwermedalje te gee, maar dit was wel op Elle Decoration se lys van “Top 10 Favourites”!\nMaar, tye het verander en deesdae skryf baie mense oor kostuine. Vrugtekratte is ’n “quick fix” vir verhewe beddings en maak ideale houers vir plant.\nKom ons vat dit verder.\nDit is hoe jy die krat kan inspan: Ons maak ’n komposhoop binne die krat waarop jy kan plant. Plant jou eenjariges in die krat sodat jy die kompos kan oes om elders in jou tuin te gebruik as die eenjariges se tyd verby is. Kyk by Laat jou vullis blom hoe om jou eie lasagna-bedding met tuinvullis en bokasji-kombuisafval te bou. Jy herhaal net die proses met al die lagies komposteerbares totdat die krat heeltemal opgevul is tot bokant die rand (dit sak baie af as kompostering begin), en dan plaas jy die grondlagie en deklaag soos uiteengesit.\nDie hout van die vrugtekratte vergaan redelik vinnig. Dit is raadsaam om die houtkratte met waterdigtingsverf uit te verf of dit uit te voer met sterk plastiek soos Gunplast sodat dit langer hou.\nVrugtekratte word al vir ’n geruime tyd as planthouers gebruik, maar omdat dit bepaalde nadele inhou, is daar deesdae allerhande mooi kratte beskikbaar wat nie so maklik verweer nie, en ook gegalvaniseerde staalhouers wat baie mooi is.\nPlantbokse uit herwinde materiaal\nUrban Boxes. Kyk hier vir meer.\nStaalhouers\nRain Queen Corrugated Tanks. Kyk hier vir meer.\nBinne-in die kratte wil ons graag hoogte bewerkstellig sodat ons die spasie doeltreffend kan gebruik.\nPlantbokse van houtbalke of vrugtekratte kan gebruik word om beddings in te bou, of dit kan bloot plat op die grond wees met beddings wat bloot met pale omlyn word en afgerond met ornamentele gevlegde takstekerms. Spoorwegdwarslêers is altyd gewild vir plantbokse (let op die skulpies vir die paadjie).\nLees hier meer oor verhewe beddings:\nHow to build a simple raised bed\nRaised garden bed ideas\n19 Ways to build a raised bed garden\nYour simple guide to build a raised garden bed\nAlternatiewe\n’n Trampolienraam kan op pale monteer word met die pale in kratte geplant wat in ’n vierkant of sirkel rondom die raam gerangskik is. Rankplante soos grenadella kan daaraan opgelei word en ’n sitplek kan in die skaduwee ingerig word.\nPale kan op die hoeke van die krat geplant word om ’n espalier te vorm vir byvoorbeeld kweperbome bolangs en dan kan die groente en kruie onderlangs groei.\nTenkrame maak uitstekende houers om in te plant. Dis die perfekte benutting van spasie aangesien jy teen die kante sowel as bo-op kan plant.\nKom ons gaan voort met die legkaart-blokkies:\nOns hou ook van die suurlemoenboom in die krat en oorweeg ’n baie lae kweperheining rondom die boom binne-in die krat vir optimale benutting van spasie.\nOns legkaartstukkies van ons tuin in kratte of plantbokse lyk nou so.\n• Blokkie 1: plantboks met vormgesnoeide roosmaryn in die middel en ’n ry grasuie reg rondom al teen die kant, geplant met eiervrug en rissies op die hoeke.\n• Blokkie 2: plantboks met obelisk vir tamaties, pampoene of botterskorsies en bone met beet aan die sonkant en basilie en blaarslaai aan die skadukant.\n• Blokkie 3: ’n plantboks met ’n standaard/lolliepop-suurlemoenboom en lae kweperheining rondom. Binne die heining onder die boom is pietersielie en tiemie.\nHierdie ontwerp sal goed werk in ’n langwerpige spasie maar jy sou dit ook in ’n vierkantige spasie kan gebruik met 4 dele van blokkie 1 en 2 afwisselend gerangskik rondom blokkie 3 in die middel. Los net spasies tussen die verskillende plantbokse sodat jy gemaklik daar kan beweeg.\n*Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal en Annemé Venter dat ons daar kon foto’s neem.", "Kostuin, deel 11" ]
[]
2016-09-20 13:34:42+00:00
null
2016-09-20 14:00:40
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fgenetiese-toetsing-vir-medikasie%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Bloedtoets-355x415.jpg
en
null
Genetiese toetsing vir medikasie
null
null
www.rooirose.co.za
Medisyne moet jou gesond maak. Maar dit gebeur nie altyd nie, en nie almal word gesond nie. “Variasies in ons gene, die bloudruk vir wie ons is, het ’n reuse-impak op ons elkeen se individuele reaksie op medikasie,” sê dr. Danny Meyersfeld, hoof van DNAlysis, een van die enkele maatskappye wat hierdie genetiese toetse plaaslik doen. Risiko’s en gevare van medisyne Daar is vier algemeen negatiewe reaksies op medikasie, wat hoofsaaklik op ons genetiese profiel gebaseer is: 1. Party van ons reageer nie Medikasie soos Singulair vir asma en ekseem is so goed as 100% suksesvol … maar net vir die 25% van mense wat ’n spesifieke genetiese basis vir hul allergie het. Vir die res is dit geld in die water. Net so met talle psigiatriese medikasies. Wat vir die een uitstekend is, werk nie vir ’n volgende een weer glad nie. 2. Party van ons raak verslaaf Gewone kodeïen-pynpille is vir die meeste van ons veilig en verlig ons pyn baie doeltreffend. Maar ’n klein groepie mense is sogenaamde supermetaboliseerders. Hulle skakel ’n klein bietjie kodeïen om in superhoeveelhede, wat dan net soos morfien en heroïen in die brein werk. 3. Party van ons ontwikkel newe-effe Ons kan almal ’n bietjie naarheid of ligte hoofpyn wat verby gaan, hanteer. Maar wat as jou bloeddrukmedikasie jou dood veroorsaak? Of as die medikasie om jou osteoporose om te keer, ly tot kaakkanker? Of as statiene spierpyne (rabdomeiolise) veroorsaak? DNAlysis sê 6-8% van mense wat in ons hospitale opgeneem word, het ’n negatiewe reaksie op medikasie – soveel as een uit elke 15 mense. 4. Party van ons sterf Selfs dít gebeur. Die medikasie-sterftesyfer in die VSA is ’n ysingwekkende 100 000 mense per jaar. Een bekende voorbeeld is dat mense wat sekere antidepressante begin gebruik in die eerste drie weke selfs meer depressief raak en ’n groter risiko op selfmoord loop. Ons wil geensins te kenne gee dat medikasie in die reël gevaarlik is nie. Géénsins nie. Alle voorskrifmedikasie in Suid-Afrika is deeglik getoets en word uitstekend beheer. Maar, terselfdertyd verdien individuele reaksies ook erkenning. Tot dusver moes ons almal maar op die tref-en-trap manier uitvind of ons een van hulle is. En ja … met gevolge. Uiteindelik, sê dr. Meyersfeld, na dekades van navorsing, kan ons nou begin om ons kennis van gene en reaksies op medikasie bymekaar te bring en gebruik om te keer dat ons medikasie voorskryf wat gevaarlike fisieke of psigiese effekte het. Jy kan nou pro-aktief werk: in plaas van wag en sien wat werk, kan ons nou met genetiese toetse voorspel of ’n sekere soort medikasie die regte en veiligste keuse is. Lees ook: Wat is IV-terapie? Redes vir genetiese toetse vir medikasie Die meeste probleme onstaan juis weens die gebruik van die algemeenste middels soos warfarin, psigiatriese medikasies en kodeïen-pynpille, sê dr. Meyersfeld. “Ons skryf hierdie pille voor vir van die algemeenste toestande, soos hartsiektes, psigiatriese toestande en pynbeheer.” Dus is die kanse goed dat ek en jy iewers vorentoe in ons lewens ’n medikasie gaan moet gebruik waarop ons nie goed reageer nie. Gelukkig is genetiese toetsing vir medikasie net een maal nodig. Jou gene verander nie, en dus bly jou reaksie deur jou lewe konstant. Aan die ander kant is farmakogenetika ’n jong veld wat beslis gaan uitbrei – wat beteken dat jy dalk vorentoe wel weer getoets sal word, soos wat meer gesofistikeerde toetse en nuwe medikasies ontwikkel. Dit sal nie ’n slegte idee wees as ons álmal gaan nie. Maar prakties is dit nie moontlik nie. Op hierdie stadium maak dit vir die volgende mense sin om te toets: • Jy is pas met ’n toestand gediagnoseer waarvoor jy langtermyn medikasie gaan gebruik, soos epilepsie of hoë bloeddruk, en jy wil weet watter sal doeltreffend werk. • Jy ervaar newe-effekte van die tipiese medikasie en moet vasstel watter ander soorte beter werk, soos wat mense met hoë bloeddruk dikwels ervaar. • Jy reageer nie, en soek ’n doeltreffender alternatief. Dit kan lank neem om die regte medikasie vir iemand met epilepsie, aandagafleibaarheid en psigiatriese toestande soos depressie en bipolêre depressie te identifiseer. • Jy moet ’n medikasie teen ’n baie hoër as normale dosis gebruik. Genetiese toetsing kan vooraf uitwys hoe goed jou liggaam dit sal hanteer. Lees ook: Moet jy verpersoonlikte hormoonpille vir die menopouse oorweeg? Vir watter medisyne is genetiese toetse beskikbaar? DNAlysis bied vier toetspanele aan: jy kan gaan vir die volledige genetiese toets, mygeneRx, of vir enige van die panele waaruit dit bestaan, naamlik mycardioRx vir hartlyers, mypsychRx vir medikasie wat op die brein inwerk, en mypainRx vir pynverwante medikasies. Die panele toets gesamentlik vir 150 medikasies, insluitend spierverslappers, bloedverdunners, pynstillers (NSAIDs, kodeïen en opoïede), slaappille asook medikasie vir aandagafleibaarheid (AAHD), epilepsie, malaria, demensie, jig (gout) en erektiele disfunksie. Die volledige lys is hier beskikbaar. Suid-Afrikaanse maatskappye wat genetiese toetsing doen DNAlysis spesialiseer in genetiese toetse om vas te stel watter tipe dieet moontlik die beste vir jou gaan werk, asook vir sportpotensiaal en reaksies op medikasie. Gknowmix spesialiseer veral in die genetiese toetse om siektes te diagnoseer, soos hartsiektes, borskanker, afwykings in ystermetabolisme en sportbeserings. Buiten genetiese toetsing vir medikasie toets hulle ook potensiaal vir sportbeserings.
http://www.rooirose.co.za/genetiese-toetsing-vir-medikasie/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/b0d7014d191c0183e70f82674b94528c5d58c21b01dcc03387baccda41cd348a.json
[ "Medisyne moet jou gesond maak. Maar dit gebeur nie altyd nie, en nie almal word gesond nie.\n“Variasies in ons gene, die bloudruk vir wie ons is, het ’n reuse-impak op ons elkeen se individuele reaksie op medikasie,” sê dr. Danny Meyersfeld, hoof van DNAlysis, een van die enkele maatskappye wat hierdie genetiese toetse plaaslik doen.\nRisiko’s en gevare van medisyne\nDaar is vier algemeen negatiewe reaksies op medikasie, wat hoofsaaklik op ons genetiese profiel gebaseer is:\n1. Party van ons reageer nie\nMedikasie soos Singulair vir asma en ekseem is so goed as 100% suksesvol … maar net vir die 25% van mense wat ’n spesifieke genetiese basis vir hul allergie het. Vir die res is dit geld in die water. Net so met talle psigiatriese medikasies. Wat vir die een uitstekend is, werk nie vir ’n volgende een weer glad nie.\n2. Party van ons raak verslaaf\nGewone kodeïen-pynpille is vir die meeste van ons veilig en verlig ons pyn baie doeltreffend. Maar ’n klein groepie mense is sogenaamde supermetaboliseerders. Hulle skakel ’n klein bietjie kodeïen om in superhoeveelhede, wat dan net soos morfien en heroïen in die brein werk.\n3. Party van ons ontwikkel newe-effe\nOns kan almal ’n bietjie naarheid of ligte hoofpyn wat verby gaan, hanteer. Maar wat as jou bloeddrukmedikasie jou dood veroorsaak? Of as die medikasie om jou osteoporose om te keer, ly tot kaakkanker? Of as statiene spierpyne (rabdomeiolise) veroorsaak? DNAlysis sê 6-8% van mense wat in ons hospitale opgeneem word, het ’n negatiewe reaksie op medikasie – soveel as een uit elke 15 mense.\n4. Party van ons sterf\nSelfs dít gebeur. Die medikasie-sterftesyfer in die VSA is ’n ysingwekkende 100 000 mense per jaar. Een bekende voorbeeld is dat mense wat sekere antidepressante begin gebruik in die eerste drie weke selfs meer depressief raak en ’n groter risiko op selfmoord loop.\nOns wil geensins te kenne gee dat medikasie in die reël gevaarlik is nie. Géénsins nie. Alle voorskrifmedikasie in Suid-Afrika is deeglik getoets en word uitstekend beheer. Maar, terselfdertyd verdien individuele reaksies ook erkenning. Tot dusver moes ons almal maar op die tref-en-trap manier uitvind of ons een van hulle is. En ja … met gevolge.\nUiteindelik, sê dr. Meyersfeld, na dekades van navorsing, kan ons nou begin om ons kennis van gene en reaksies op medikasie bymekaar te bring en gebruik om te keer dat ons medikasie voorskryf wat gevaarlike fisieke of psigiese effekte het.\nJy kan nou pro-aktief werk: in plaas van wag en sien wat werk, kan ons nou met genetiese toetse voorspel of ’n sekere soort medikasie die regte en veiligste keuse is.\nLees ook: Wat is IV-terapie?\nRedes vir genetiese toetse vir medikasie\nDie meeste probleme onstaan juis weens die gebruik van die algemeenste middels soos warfarin, psigiatriese medikasies en kodeïen-pynpille, sê dr. Meyersfeld. “Ons skryf hierdie pille voor vir van die algemeenste toestande, soos hartsiektes, psigiatriese toestande en pynbeheer.”\nDus is die kanse goed dat ek en jy iewers vorentoe in ons lewens ’n medikasie gaan moet gebruik waarop ons nie goed reageer nie. Gelukkig is genetiese toetsing vir medikasie net een maal nodig. Jou gene verander nie, en dus bly jou reaksie deur jou lewe konstant. Aan die ander kant is farmakogenetika ’n jong veld wat beslis gaan uitbrei – wat beteken dat jy dalk vorentoe wel weer getoets sal word, soos wat meer gesofistikeerde toetse en nuwe medikasies ontwikkel.\nDit sal nie ’n slegte idee wees as ons álmal gaan nie. Maar prakties is dit nie moontlik nie. Op hierdie stadium maak dit vir die volgende mense sin om te toets:\n• Jy is pas met ’n toestand gediagnoseer waarvoor jy langtermyn medikasie gaan gebruik, soos epilepsie of hoë bloeddruk, en jy wil weet watter sal doeltreffend werk.\n• Jy ervaar newe-effekte van die tipiese medikasie en moet vasstel watter ander soorte beter werk, soos wat mense met hoë bloeddruk dikwels ervaar.\n• Jy reageer nie, en soek ’n doeltreffender alternatief. Dit kan lank neem om die regte medikasie vir iemand met epilepsie, aandagafleibaarheid en psigiatriese toestande soos depressie en bipolêre depressie te identifiseer.\n• Jy moet ’n medikasie teen ’n baie hoër as normale dosis gebruik. Genetiese toetsing kan vooraf uitwys hoe goed jou liggaam dit sal hanteer.\nLees ook: Moet jy verpersoonlikte hormoonpille vir die menopouse oorweeg?\nVir watter medisyne is genetiese toetse beskikbaar?\nDNAlysis bied vier toetspanele aan: jy kan gaan vir die volledige genetiese toets, mygeneRx, of vir enige van die panele waaruit dit bestaan, naamlik mycardioRx vir hartlyers, mypsychRx vir medikasie wat op die brein inwerk, en mypainRx vir pynverwante medikasies.\nDie panele toets gesamentlik vir 150 medikasies, insluitend spierverslappers, bloedverdunners, pynstillers (NSAIDs, kodeïen en opoïede), slaappille asook medikasie vir aandagafleibaarheid (AAHD), epilepsie, malaria, demensie, jig (gout) en erektiele disfunksie. Die volledige lys is hier beskikbaar.\nSuid-Afrikaanse maatskappye wat genetiese toetsing doen\nDNAlysis spesialiseer in genetiese toetse om vas te stel watter tipe dieet moontlik die beste vir jou gaan werk, asook vir sportpotensiaal en reaksies op medikasie.\nGknowmix spesialiseer veral in die genetiese toetse om siektes te diagnoseer, soos hartsiektes, borskanker, afwykings in ystermetabolisme en sportbeserings. Buiten genetiese toetsing vir medikasie toets hulle ook potensiaal vir sportbeserings.", "Genetiese toetsing vir medikasie" ]
[]
2016-09-19 13:33:46+00:00
null
2016-09-19 14:51:12
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fnuwe-seisoen-van-republiek-van-zoid-afrika%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Karen-Zoid-Republiek-van-Zoid-Afrika-355x415.jpg
en
null
Nuwe seisoen van Republiek van Zoid Afrika
null
null
www.rooirose.co.za
Soos in die vorige reekse gesels Karen Zoid met van haar gunstelingdromers en -denkers, maar daar is natuurlik ’n paar verrassings ook by. “Ek kan nie help om na elke episode deur my gaste geïnspireer te voel nie, want elke gesprek is belaai met lewenswyshede en kwinkslae,” sê sy. Karen stof ook weer geliefde musiektreffers af wat ’n “Zoidiaanse-gedaanteverwisseling” ondergaan. Soos voorheen sal die nuwe treffers in Apple se iTunes-aanlynwinkel afgelaai kan word en later op CD en DVD beskikbaar wees. “Hierdie reeks se musiekverwerkings het nog meer van ’n rock-aanslag” Kykers kan ook weer uitsien na die skreeusnaakse insetsels met Annemarie Ferreira (boereraat vir bands) en Marinda Senekal die panfluitsensasie. Boonop gaan dié komiese sketse, van al vier seisoene, later vanjaar in DVD-formaat saamgevat word. Lees ook: Karen Zoid Rock Republiek van Zoid Afrika het al verskeie toekennings ontvang, soos ’n SAFTA-toekenning vir die beste geselsprogram, terwyl dit ook vanjaar twee Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het. Republiek van Zoid Afrika word van 11 Oktober op Dinsdae, 20:30, op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.
http://www.rooirose.co.za/nuwe-seisoen-van-republiek-van-zoid-afrika/
af
2016-09-19
www.rooirose.co.za/85f5bf493f1e089c7a67b2ba933dc8fe8471ecd71f580c8f29b86ae104d7c78f.json
[ "Soos in die vorige reekse gesels Karen Zoid met van haar gunstelingdromers en -denkers, maar daar is natuurlik ’n paar verrassings ook by.\n“Ek kan nie help om na elke episode deur my gaste geïnspireer te voel nie, want elke gesprek is belaai met lewenswyshede en kwinkslae,” sê sy.\nKaren stof ook weer geliefde musiektreffers af wat ’n “Zoidiaanse-gedaanteverwisseling” ondergaan. Soos voorheen sal die nuwe treffers in Apple se iTunes-aanlynwinkel afgelaai kan word en later op CD en DVD beskikbaar wees.\n“Hierdie reeks se musiekverwerkings het nog meer van ’n rock-aanslag”\nKykers kan ook weer uitsien na die skreeusnaakse insetsels met Annemarie Ferreira (boereraat vir bands) en Marinda Senekal die panfluitsensasie. Boonop gaan dié komiese sketse, van al vier seisoene, later vanjaar in DVD-formaat saamgevat word.\nLees ook: Karen Zoid Rock\nRepubliek van Zoid Afrika het al verskeie toekennings ontvang, soos ’n SAFTA-toekenning vir die beste geselsprogram, terwyl dit ook vanjaar twee Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.\nRepubliek van Zoid Afrika word van 11 Oktober op Dinsdae, 20:30, op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.", "Nuwe seisoen van Republiek van Zoid Afrika" ]
[]
2016-09-16 13:37:53+00:00
null
2016-09-20 00:00:00
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fsaada-ekspos%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/2011-10-27-17.29.57-355x400.jpg
en
null
SAADA-ekspo’s
null
null
www.rooirose.co.za
Die Suid-Afrikaanse Oudhede, Kuns en Ontwerp-vereniging (SAADA) het onlangs die datums van hul jaarlikse ekspo bekendgemaak! Dié jaar kan kuns fanatici uitsien na SAADA-geleenthede in Johannesburg, met ’n soortgelyke byeenkoms wat in 2017 in Kaapstad gaan plaasvind. Datums vir dié onderskeie ekspo’s is soos volg: Johannesburg Waar: Die Wanderer’s Klub in Illovo Wanneer: 28 – 30 Oktober 2016 Tyd: 10:00 – 18:00 Kaapstad Waar: The Lookout, V&A Waterfront Wanneer: 17 – 19 Februarie 2017 Tyd: Vrydag – 10:00 tot 20:00 Saterdag – 10:00 tot 19:00 Sondag – 10:00 tot 17:00 Besprekings kan op die SAADA-webtuiste gedoen word.
http://www.rooirose.co.za/saada-ekspos/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/f39bb405a6119b93662195d9fd34c755dae07f8136a260625357cbb3e87b1e9d.json
[ "Die Suid-Afrikaanse Oudhede, Kuns en Ontwerp-vereniging (SAADA) het onlangs die datums van hul jaarlikse ekspo bekendgemaak!\nDié jaar kan kuns fanatici uitsien na SAADA-geleenthede in Johannesburg, met ’n soortgelyke byeenkoms wat in 2017 in Kaapstad gaan plaasvind.\nDatums vir dié onderskeie ekspo’s is soos volg:\nJohannesburg\nWaar: Die Wanderer’s Klub in Illovo\nWanneer: 28 – 30 Oktober 2016\nTyd: 10:00 – 18:00\nKaapstad\nWaar: The Lookout, V&A Waterfront\nWanneer: 17 – 19 Februarie 2017\nTyd:\nVrydag – 10:00 tot 20:00\nSaterdag – 10:00 tot 19:00\nSondag – 10:00 tot 17:00\nBesprekings kan op die SAADA-webtuiste gedoen word.", "SAADA-ekspo’s" ]
[]
2016-09-29 08:10:32+00:00
null
2016-08-13 00:00:00
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fnoem-skollie-op-pad-oscars-toe%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/08/13769547_308354259504284_5516624448015802267_n-355x415.jpg
en
null
Noem my Skollie op pad Oscars toe
null
null
www.rooirose.co.za
Noem my Skollie het tot dusver ’n baie goeie ontvangs in die Suid-Afrikaanse mark gehad. Die film, wat skrywer John W Fredericks se lewensverhaal vertel, is in die eerste week in September landwyd vrygestel nadat dit by die 2016 Silwerskermfees bekendgestel is. Dit het byna onmiddellik ’n Box Office-treffer in die Suid-Afrikaanse fliekteaters geword. Nou is die film Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 89ste Oscar-toekennings in 2017! Fredericks het sy blydskap op Facebook uitgespreek: “Salute JA! I thank you South Africa for supporting Skollie, we could not have done it without YOU! The OSCARS??? That’s what dreams are made of. The 17 hour shifts has paid off! Hard work, sacrifice and the belief that Skollie will touch ALL the people of MY country. I’m PROUDLY SOUTH AFRICAN! .After a series of whirlwind interviews, my wife Una badgered me to get some rest as I’m busy all the time, I told her without the long hours Skollie would not have been nominated for an OSCAR. Yep! now to get ready for another interview in Belville. Who’s complaining?” Lees ook ons onderhoud met die hoofspeler, Dann-Jaques Mouton, oor sy rol én die intensiteit van die film. Kyk hier na die amptelike voorskou:
http://www.rooirose.co.za/noem-skollie-op-pad-oscars-toe/
af
2016-08-13
www.rooirose.co.za/8e2319240fdb1e7439a2121505d058dc77f2dad06bcf2039f51781d413d028e2.json
[ "Noem my Skollie het tot dusver ’n baie goeie ontvangs in die Suid-Afrikaanse mark gehad. Die film, wat skrywer John W Fredericks se lewensverhaal vertel, is in die eerste week in September landwyd vrygestel nadat dit by die 2016 Silwerskermfees bekendgestel is. Dit het byna onmiddellik ’n Box Office-treffer in die Suid-Afrikaanse fliekteaters geword.\nNou is die film Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 89ste Oscar-toekennings in 2017!\nFredericks het sy blydskap op Facebook uitgespreek:\n“Salute JA! I thank you South Africa for supporting Skollie, we could not have done it without YOU! The OSCARS??? That’s what dreams are made of. The 17 hour shifts has paid off! Hard work, sacrifice and the belief that Skollie will touch ALL the people of MY country. I’m PROUDLY SOUTH AFRICAN! .After a series of whirlwind interviews, my wife Una badgered me to get some rest as I’m busy all the time, I told her without the long hours Skollie would not have been nominated for an OSCAR. Yep! now to get ready for another interview in Belville. Who’s complaining?”\nLees ook ons onderhoud met die hoofspeler, Dann-Jaques Mouton, oor sy rol én die intensiteit van die film.\nKyk hier na die amptelike voorskou:", "Noem my Skollie op pad Oscars toe" ]
[]
2016-09-29 10:11:42+00:00
null
2016-09-29 10:52:52
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fwen-geskenkbewyse-van-skinmiles-deur-dr-alek%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Skinmiles-by-dr-Alek-355x415.jpg
en
null
Wen geskenkbewyse van SkinMiles deur Dr Alek
null
null
www.rooirose.co.za
Skin Miles is die breinkind van Dr Alek Nikolic en die hooffokus is om velsorgprodukte van die hoogste gehalte aan klante te verskaf. In Dr Alek se eie woorde: “I not only want to offer everyone the ability to purchase quality skin care products that we have tested in my own practice for a number of years, but I also want to be able to offer these products at the most affordable price possible.” Lees ook Dr Alek se 5 topwenke teen vel-veroudering. Jy kan een van vyf geskenkbewyse ter waarde van R500 elk wen om op Skin Miles se produkte te spandeer. Besoek die webblad en aanlynwinkel vir meer besonderhede oor die verskeie produkte. Sluitdatum: Vrydag, 14 Oktober 2016. Bepalings en voorwaardes geld. Wen geskenkbewyse van SkinMiles Naam * Van * Kontaknommer * E-posadres * Ek het die kompetisiereëls en -voorwaardes gelees en verstaan. * Ja Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee
http://www.rooirose.co.za/wen-geskenkbewyse-van-skinmiles-deur-dr-alek/
af
2016-09-29
www.rooirose.co.za/35844f9ac0dd23363141aba17d70934a8d06ee59ae9fe3dffdff4dd3fb563434.json
[ "Skin Miles is die breinkind van Dr Alek Nikolic en die hooffokus is om velsorgprodukte van die hoogste gehalte aan klante te verskaf.\nIn Dr Alek se eie woorde:\n“I not only want to offer everyone the ability to purchase quality skin care products that we have tested in my own practice for a number of years, but I also want to be able to offer these products at the most affordable price possible.”\nLees ook Dr Alek se 5 topwenke teen vel-veroudering.\nJy kan een van vyf geskenkbewyse ter waarde van R500 elk wen om op Skin Miles se produkte te spandeer. Besoek die webblad en aanlynwinkel vir meer besonderhede oor die verskeie produkte.\nSluitdatum: Vrydag, 14 Oktober 2016.\nBepalings en voorwaardes geld.\nWen geskenkbewyse van SkinMiles Naam *\nVan *\nKontaknommer *\nE-posadres *\nEk het die kompetisiereëls en -voorwaardes gelees en verstaan. * Ja\nMag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee", "Wen geskenkbewyse van SkinMiles deur Dr Alek" ]
[]
2016-09-27 15:50:27+00:00
null
2016-09-27 16:57:01
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Frompe-vir-somer-2016%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/zara-355x415.jpg
en
null
Rompe vir somer 2016
null
null
www.rooirose.co.za
Vanjaar is diversiteit die gonswoord wanneer dit kom by modes, en daarom is ’n romp die mees stylvolle manier om dié modetendens te volg. Ons wys jou hoe. Interessante materiaal Gekleurde diere-motiewe, metaalagtige symateriale, dubbellae katoen en weefteksture is veral gewild. Weefgetekstureerde-romp (R599) H&M Romp uit slangvelmotief (R829) Zara Geplooide romp (R629) Zara Kantromp (R399) Foschini Midi-lengte rompe en bont motiewe Die midi-lengte is steeds hoogmode vir ’n romp, en hoe meer bont die motief op die materiaal, hoe beter. Eksperimenteer met organise motiewe soos blare en blomme, asook meer geometiese vorms en motiewe. Dit sal dadelik ’n vaal uitrusting opkikker. Midi-romp (R599) H&M Nousluitende midi-romp (R299) Foschini Nousluitende midi-romp (R379) Donna Claire Bo-die-knie Soos die midi, is die mini-romp ook weer hoogmode. Dink aan die 60’s, toe Twiggy ons die eerste keer voorgestel het aan dié modieuse snit, maar voeg net ’n tikkie kontemporêr by. Mini-romp met borduurwerk (R829) Zara Mini-romp met plooie (R499) H&M Sweedseleer mini-romp (R829) Zara Die A-lyn-snit met voue en plooie Die A-lyn-snit komplimenteer die meeste figure wat dit ’n gerieflike opsie maak, en met ’n paar knopies, interessante voue of selfs borduurwerk, het jy dadelik die perfekte trophy skirt. A-lyn romp (R599) H&M A-lyn romp (R799) H&M A-lyn romp (R629) Zara
http://www.rooirose.co.za/rompe-vir-somer-2016/
af
2016-09-27
www.rooirose.co.za/e24bfb112318c38d6115dc617e038a64b6f1f66d588ca67c62c13540357ccb27.json
[ "Vanjaar is diversiteit die gonswoord wanneer dit kom by modes, en daarom is ’n romp die mees stylvolle manier om dié modetendens te volg. Ons wys jou hoe.\nInteressante materiaal\nGekleurde diere-motiewe, metaalagtige symateriale, dubbellae katoen en weefteksture is veral gewild.\nWeefgetekstureerde-romp (R599) H&M\nRomp uit slangvelmotief (R829) Zara\nGeplooide romp (R629) Zara\nKantromp (R399) Foschini\nMidi-lengte rompe en bont motiewe\nDie midi-lengte is steeds hoogmode vir ’n romp, en hoe meer bont die motief op die materiaal, hoe beter. Eksperimenteer met organise motiewe soos blare en blomme, asook meer geometiese vorms en motiewe. Dit sal dadelik ’n vaal uitrusting opkikker.\nMidi-romp (R599) H&M\nNousluitende midi-romp (R299) Foschini\nNousluitende midi-romp (R379) Donna Claire\nBo-die-knie\nSoos die midi, is die mini-romp ook weer hoogmode. Dink aan die 60’s, toe Twiggy ons die eerste keer voorgestel het aan dié modieuse snit, maar voeg net ’n tikkie kontemporêr by.\nMini-romp met borduurwerk (R829) Zara\nMini-romp met plooie (R499) H&M\nSweedseleer mini-romp (R829) Zara\nDie A-lyn-snit met voue en plooie\nDie A-lyn-snit komplimenteer die meeste figure wat dit ’n gerieflike opsie maak, en met ’n paar knopies, interessante voue of selfs borduurwerk, het jy dadelik die perfekte trophy skirt.\nA-lyn romp (R599) H&M\nA-lyn romp (R799) H&M\nA-lyn romp (R629) Zara", "Rompe vir somer 2016" ]
[]
2016-09-28 09:59:29+00:00
null
2016-09-28 06:00:00
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fverleidelike-beet-sjokolade-en-koffie-koek%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2015/12/rrr2015715143618-e1475053694588-355x415.jpg
en
null
Beet-sjokolade-en-koffie-koek
null
null
www.rooirose.co.za
• 5 eiers • 375 g sagte bruinsuiker • 45 ml (3 e) gouestroop • 45 ml (3 e) heuning • 2,5 ml (½ t) koeksoda • 30 g kakao • 75 g bruismeel • 75 g koekmeel • 75 g amandelmeel • knypie sout • 150 g beet, geskil en gerasper • 375 g donkersjokolade, gesmelt • 150 ml espresso-koffie, koud • 30 ml (2 e) sonneblomolie Mascarpone-room Meng 750 g (3 houertjies) mascarpone, 75 g sagte bruinsuiker en 45 ml (3 e) koue espressokoffie liggies met ’n draadklitser – moenie te veel meng nie. Koffiestroop Meng 100 ml espressokoffie en 150 g sagte bruinsuiker in ’n klein kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Laat saggies prut tot die stroop begin verdik. Voeg 45 ml brandewyn by en kook vir nog 5 min. tot die stroop effens verdik. Voorverhit die oond tot 160 °C. 1 Voer twee 18 cm-koekpanne met bakpapier uit. 2 Klits die eiers, suiker, goue-stroop en heuning met ’n elektriese menger tot lig en donsig. 3 Sif die koeksoda, kakao, bruismeel, koekmeel, amandel-meel en sout by die eiers in en meng deur. 4 Meng die beet, gesmelte sjokolade, espresso en olie en voeg by die droë bestanddele. Meng deeglik deur. 5 Verdeel die mengsel gelykop tussen die koekpanne. Bak vir 1 uur 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel voor jy die koeke uitkeer. Laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. 6 Sny elke koek horisontaal middeldeur. Smeer ’n laag mascarponeroom op elke koek, en versier bo-op met mascarpone. 7 Gooi laastens die stroop oor en sit met vuurwarm koffie voor.
http://www.rooirose.co.za/verleidelike-beet-sjokolade-en-koffie-koek/
af
2016-09-28
www.rooirose.co.za/ec45e3fc2f65fab893b68642c955f239b6290f99b8ee1b2be2cad26834f14a5c.json
[ "• 5 eiers\n• 375 g sagte bruinsuiker\n• 45 ml (3 e) gouestroop\n• 45 ml (3 e) heuning\n• 2,5 ml (½ t) koeksoda\n• 30 g kakao\n• 75 g bruismeel\n• 75 g koekmeel\n• 75 g amandelmeel\n• knypie sout\n• 150 g beet, geskil en gerasper\n• 375 g donkersjokolade, gesmelt\n• 150 ml espresso-koffie, koud\n• 30 ml (2 e) sonneblomolie\nMascarpone-room\nMeng 750 g (3 houertjies) mascarpone, 75 g sagte bruinsuiker en 45 ml (3 e) koue espressokoffie liggies met ’n draadklitser – moenie te veel meng nie.\nKoffiestroop\nMeng 100 ml espressokoffie en 150 g sagte bruinsuiker in ’n klein kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Laat saggies prut tot die stroop begin verdik. Voeg 45 ml brandewyn by en kook vir nog 5 min. tot die stroop effens verdik.\nVoorverhit die oond tot 160 °C.\n1 Voer twee 18 cm-koekpanne met bakpapier uit.\n2 Klits die eiers, suiker, goue-stroop en heuning met ’n elektriese menger tot lig en donsig.\n3 Sif die koeksoda, kakao, bruismeel, koekmeel, amandel-meel en sout by die eiers in en meng deur.\n4 Meng die beet, gesmelte sjokolade, espresso en olie en voeg by die droë bestanddele. Meng deeglik deur.\n5 Verdeel die mengsel gelykop tussen die koekpanne. Bak vir 1 uur 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel voor jy die koeke uitkeer. Laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.\n6 Sny elke koek horisontaal middeldeur. Smeer ’n laag mascarponeroom op elke koek, en versier bo-op met mascarpone.\n7 Gooi laastens die stroop oor en sit met vuurwarm koffie voor.", "Beet-sjokolade-en-koffie-koek" ]
[]
2016-09-20 09:34:32+00:00
null
2016-09-20 10:04:10
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Ftrek-jonger-aan%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Model-mode-juwele-355x415.jpg
en
null
Trek jonger aan
null
null
www.rooirose.co.za
Jy is in ’n nuwe fase van jou lewe en jy weet nie mooi hoe om die jongste mode toepaslik vir jou ouderdom te dra nie. Stilis, Janine Starkey van House of Janine, gee haar wenke en truuks vir hoe om jouself jonger te laat lyk. “Persoonlike styl is belangrik, dit is meer belangrik om klere te koop wat jou pas pleks van nuwerwetse klere,” sê Starkey. Hier is ’n paar slim planne: Vermy soomlyne wat te kort is Tensy jy pragtige bene het, vermy liefs rompe of rokke bokant die knie. Jou knieë is een van die eerste areas wat jou ouderdom verklap. Bewapen jouself met die regte mode Vermy moulose bloese, tops of baadjies. Maak nie saak hoe ferm jou arms is nie, jou armvel verklap jou ouderdom maklik. Kleur, kleur en nog kleur Swart, grys, wit en beige kan die kleur van jou gesig dreineer. Kies die regte kleure wat jou vel kompolimenteer en jou glansryk laat lyk. Eksperimenteer met helder serpe en bykomstighede. Die regte snit Steek ’n maag of muffin-top weg met die regte snit. Die geheim is om klere te dra wat behoorlik pas. Moenie bloese dra wat te styf sit nie want dit sal die probleem-area beklemtoon. Moet ook nie te groot vormlose bo-stukke dra nie want dit kan weer soos ’n tent lyk. Belê in ’n goeie kleremaker as dit nodig is. Stryk dit uit Koop ondersteunende onderklere wat jou lyf op die regte plekke vorm gee en vir ’n gladder silhoeët sorg. Bykomsdtighede Maak jou uitrustings interessant met bykomstighede soos halssnoere, gordels, juweliersware, handsakke en skoene. Dit is die maklikste manier om jou voorkoms op te kikker en jou eie styl te skep.
http://www.rooirose.co.za/trek-jonger-aan/
af
2016-09-20
www.rooirose.co.za/4f34b0db924359393bd6ce04bbcb03951f139f4c94d6479b737eab5736742311.json
[ "Jy is in ’n nuwe fase van jou lewe en jy weet nie mooi hoe om die jongste mode toepaslik vir jou ouderdom te dra nie. Stilis, Janine Starkey van House of Janine, gee haar wenke en truuks vir hoe om jouself jonger te laat lyk.\n“Persoonlike styl is belangrik, dit is meer belangrik om klere te koop wat jou pas pleks van nuwerwetse klere,” sê Starkey.\nHier is ’n paar slim planne:\nVermy soomlyne wat te kort is\nTensy jy pragtige bene het, vermy liefs rompe of rokke bokant die knie. Jou knieë is een van die eerste areas wat jou ouderdom verklap.\nBewapen jouself met die regte mode\nVermy moulose bloese, tops of baadjies. Maak nie saak hoe ferm jou arms is nie, jou armvel verklap jou ouderdom maklik.\nKleur, kleur en nog kleur\nSwart, grys, wit en beige kan die kleur van jou gesig dreineer. Kies die regte kleure wat jou vel kompolimenteer en jou glansryk laat lyk. Eksperimenteer met helder serpe en bykomstighede.\nDie regte snit\nSteek ’n maag of muffin-top weg met die regte snit. Die geheim is om klere te dra wat behoorlik pas. Moenie bloese dra wat te styf sit nie want dit sal die probleem-area beklemtoon. Moet ook nie te groot vormlose bo-stukke dra nie want dit kan weer soos ’n tent lyk. Belê in ’n goeie kleremaker as dit nodig is.\nStryk dit uit\nKoop ondersteunende onderklere wat jou lyf op die regte plekke vorm gee en vir ’n gladder silhoeët sorg.\nBykomsdtighede\nMaak jou uitrustings interessant met bykomstighede soos halssnoere, gordels, juweliersware, handsakke en skoene. Dit is die maklikste manier om jou voorkoms op te kikker en jou eie styl te skep.", "Trek jonger aan" ]
[]
2016-09-21 14:18:36+00:00
null
2016-09-21 15:40:01
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Ftoe-kry-ek-hond-se-gedagte%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/LILLY-GENADE-355x415.jpg
en
null
Toe kry ek hond se gedagte
null
null
www.rooirose.co.za
“Jy het wát? Jý? Monk?!” vra ’n vriend nou die ander dag toe ek hom bel om geluk te wens met sy verjaardag. Einste vriend laat nooit die kans verbygaan om my te spot oor ’n verjaardagpartytjie vyf jaar gelede in ons huis waar ek glo heelaand met ’n kombuislappie gestaan en toonbank afvee en opruim het agter die gaste aan nie. Ek is glo erger as Adrian Monk, die obsessief-kompulsiewe kiemverskrikte speurder van TV-faam. Dié dat hy hom die jongste verwikkeling in die Genadehuis glad nie kan indink nie: Ons het weer ’n baba in die huis. Maar, anders as mensbabas wat op ’n paar weke oud nog fisies redelik stil lê, is ons nuwe baba soos ’n klein tornado: As sy nie plek-plek baie water veroorsaak nie, is sy soos ’n warrelwind deur die huis en saai verwoesting. Lilly Genade is ’n spanjoel en nou 9 weke oud. Dié dierasietjie is die ene pote en ore en behalwe die tye wat sy slaap, is sy stertswaaiend verheug elke liewe oomblik van die dag. Hulle beweer ’n mens weet jy is gereed vir kinders as jy ’n hond groot gemaak het. Wel, ek is al bykans ’n dekade lank die ma van mensekinders en moet eerlik sê dat ek met die aankoms van die nuwe baba ’n paar dae aan bomskok gely het. Ek was nie al een nie. Die twee bejaarde katte het gevlug en geblaas en hulle repertoire aansienlik vergroot: Een ween by tye soos die bure se Husky. Die ander een grom soos ‘n grassnyer. Dit is seker net ’n wonder dat die konyne nog nie vanuit hulle hok laat hoor het “Yeah, whatsuuuup, Doc!” nie. Om dit ligtelik te stel: Die huisroetine is sedertdien effens versteur. Lilly het binne ’n week geleer om te tjank en deur toe te hardloop bedags as die nood druk – wat heel gaaf werk solank daar iemand in dieselfde vertrek as sy is. As ek êrens heen moet ry, word sy vir eers met haar mandjie, al haar speelgoed, kos, water en byderwetse plaslappie (’n winskoop teen R6,90 een) in die badkamer toegemaak. Daar was tye in die eerste week wat ek oorweeg het om die badkamer na só ’n uitstappie eerder aan die brand te steek – darem nie met haar daarin nie – as om dit op te ruim. Na ’n week is daar darem al ’n aansienlike verbetering. Snags lol dit maar met die noodplan, want daar is ’n alarm, ’n hoë stel trappe en ’n deur en ’n hek of twee waardeur sy moet knyp tot by die gras. En, meestal slaap ons salig onbewus van haar gekriewel op die kamervloer – met die gevolg dat ons die noodmaatreël moes instel dat die kinders hulle kamerligte en die ganglig aanskakel as hulle in die nag opstaan sodat landmyne betyds geïdentifiseer word. Die kinders is natuurlik in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die gesin. My dogtertjie beweer dat sy “al amper agt jaar vra vir ’n hondjie” – al word sy eers volgende maand agt. Haar ouboet het egter die nuwe baba se hart gesteel en oral waar hy stap, het hy ’n bewonderende stertjie. Daar is egter ’n klompie dinge waaroor ons al jare wonder vir “as ons eendag dálk ’n hond sou kry…”, wat nou baie vinnig moet gebeur. Soos die heining wat skielik beveilig moet word sodat die swaaiende ore en stert nie daardeur kan glip nie. Soos, wat maak ons as ons ’n aand of naweek weggaan? Na jare tussen buurhonde wat hartverskeurend ween sodra hulle eienaars Kaap of kafee toe ry, is ek nie baie geneë om ’n vierpootfamilielid in die tuin te los as ons nie hier is nie. Daar was boonop die laaste tyd ’n paar gevalle van honde wat uit erwe gesteel word. ’n Dierehotel is ’n moontlikheid, maar soos dit met swanger ma’s gaan wat gevraagd en ongevraagd raad kry oor babasorg, het ons al heelwat kommentaar oor die beskikbare plaaslike diereverblyf moes aanhoor. Intussen hou ek boek van al die buurmanne wat verbystap as ons met haar in die tuin speel en sê hulle sal enigetyd die hondjie oppas. Stuur julle kalenders, kêrels! Min het ek wel kon raai hoe vinnig hierdie klein logistieke uitdaginkie met haar hondeasem en hangore in my hart sal kruip. Ek het myself nog nooit gesien as iemand wat sal sit en graad 4-Natuurwetenskap vra (eintlik kan die sin maar hier ook eindig…) met ’n bondeltjie hondehare op die skoot en ’n snuffelende snoet knus in die waai van my arm nie. En, ja. Uiteindelik, uit-éín-de-lik is daar iemand wat maak asof daar ’n superheld by die kombuisdeur invlieg as al-lankal-al-deel-van-die-meubels ék tuiskom!
http://www.rooirose.co.za/toe-kry-ek-hond-se-gedagte/
af
2016-09-21
www.rooirose.co.za/6641eabbe5a702e9d29fe9d15735fabb833b636ed6e5b603f3fe39dc4326778c.json
[ "“Jy het wát? Jý? Monk?!” vra ’n vriend nou die ander dag toe ek hom bel om geluk te wens met sy verjaardag.\nEinste vriend laat nooit die kans verbygaan om my te spot oor ’n verjaardagpartytjie vyf jaar gelede in ons huis waar ek glo heelaand met ’n kombuislappie gestaan en toonbank afvee en opruim het agter die gaste aan nie. Ek is glo erger as Adrian Monk, die obsessief-kompulsiewe kiemverskrikte speurder van TV-faam.\nDié dat hy hom die jongste verwikkeling in die Genadehuis glad nie kan indink nie:\nOns het weer ’n baba in die huis.\nMaar, anders as mensbabas wat op ’n paar weke oud nog fisies redelik stil lê, is ons nuwe baba soos ’n klein tornado: As sy nie plek-plek baie water veroorsaak nie, is sy soos ’n warrelwind deur die huis en saai verwoesting.\nLilly Genade is ’n spanjoel en nou 9 weke oud.\nDié dierasietjie is die ene pote en ore en behalwe die tye wat sy slaap, is sy stertswaaiend verheug elke liewe oomblik van die dag.\nHulle beweer ’n mens weet jy is gereed vir kinders as jy ’n hond groot gemaak het. Wel, ek is al bykans ’n dekade lank die ma van mensekinders en moet eerlik sê dat ek met die aankoms van die nuwe baba ’n paar dae aan bomskok gely het.\nEk was nie al een nie. Die twee bejaarde katte het gevlug en geblaas en hulle repertoire aansienlik vergroot: Een ween by tye soos die bure se Husky. Die ander een grom soos ‘n grassnyer.\nDit is seker net ’n wonder dat die konyne nog nie vanuit hulle hok laat hoor het “Yeah, whatsuuuup, Doc!” nie.\nOm dit ligtelik te stel: Die huisroetine is sedertdien effens versteur.\nLilly het binne ’n week geleer om te tjank en deur toe te hardloop bedags as die nood druk – wat heel gaaf werk solank daar iemand in dieselfde vertrek as sy is.\nAs ek êrens heen moet ry, word sy vir eers met haar mandjie, al haar speelgoed, kos, water en byderwetse plaslappie (’n winskoop teen R6,90 een) in die badkamer toegemaak. Daar was tye in die eerste week wat ek oorweeg het om die badkamer na só ’n uitstappie eerder aan die brand te steek – darem nie met haar daarin nie – as om dit op te ruim. Na ’n week is daar darem al ’n aansienlike verbetering.\nSnags lol dit maar met die noodplan, want daar is ’n alarm, ’n hoë stel trappe en ’n deur en ’n hek of twee waardeur sy moet knyp tot by die gras. En, meestal slaap ons salig onbewus van haar gekriewel op die kamervloer – met die gevolg dat ons die noodmaatreël moes instel dat die kinders hulle kamerligte en die ganglig aanskakel as hulle in die nag opstaan sodat landmyne betyds geïdentifiseer word.\nDie kinders is natuurlik in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die gesin. My dogtertjie beweer dat sy “al amper agt jaar vra vir ’n hondjie” – al word sy eers volgende maand agt. Haar ouboet het egter die nuwe baba se hart gesteel en oral waar hy stap, het hy ’n bewonderende stertjie.\nDaar is egter ’n klompie dinge waaroor ons al jare wonder vir “as ons eendag dálk ’n hond sou kry…”, wat nou baie vinnig moet gebeur.\nSoos die heining wat skielik beveilig moet word sodat die swaaiende ore en stert nie daardeur kan glip nie.\nSoos, wat maak ons as ons ’n aand of naweek weggaan? Na jare tussen buurhonde wat hartverskeurend ween sodra hulle eienaars Kaap of kafee toe ry, is ek nie baie geneë om ’n vierpootfamilielid in die tuin te los as ons nie hier is nie. Daar was boonop die laaste tyd ’n paar gevalle van honde wat uit erwe gesteel word.\n’n Dierehotel is ’n moontlikheid, maar soos dit met swanger ma’s gaan wat gevraagd en ongevraagd raad kry oor babasorg, het ons al heelwat kommentaar oor die beskikbare plaaslike diereverblyf moes aanhoor. Intussen hou ek boek van al die buurmanne wat verbystap as ons met haar in die tuin speel en sê hulle sal enigetyd die hondjie oppas. Stuur julle kalenders, kêrels!\nMin het ek wel kon raai hoe vinnig hierdie klein logistieke uitdaginkie met haar hondeasem en hangore in my hart sal kruip. Ek het myself nog nooit gesien as iemand wat sal sit en graad 4-Natuurwetenskap vra (eintlik kan die sin maar hier ook eindig…) met ’n bondeltjie hondehare op die skoot en ’n snuffelende snoet knus in die waai van my arm nie.\nEn, ja. Uiteindelik, uit-éín-de-lik is daar iemand wat maak asof daar ’n superheld by die kombuisdeur invlieg as al-lankal-al-deel-van-die-meubels ék tuiskom!", "Toe kry ek hond se gedagte" ]
[]
2016-09-28 09:59:27+00:00
null
2016-09-28 00:00:00
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fmaak-koffie-soos-n-barista%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2015/06/Swart-koffie-e1475055231749-355x415.jpg
en
null
Maak koffie soos ’n barista
null
null
www.rooirose.co.za
Jy sink dankbaar neer in ’n restaurantstoel, smagtend na ’n koppie koffie om jou op te kikker. Die aromas in die lug kwas ’n kunswerk van ’n duisend koffiegeure … karamel, die aarde na ’n reënbui, Karoo-heuning op ’n hittige somersdag, sjokolade, rokerige aande, diep skakerings van lemoen, varsgesnyde kikoejoegras, droë hout … Jou koffie kom. Die stoomwolkie bo die koppie beloof ’n konsentrasie van koffiegenot. Met die koppie digby jou lippe adem jy die crema genoeglik diep in. Die bekende kafeïenontploffing is uiteindelik op hande. Voor jy die rand van die koppie teen jou lippe kantel, laat jy die afwagting ’n ekstra sekonde opbou – net vir die lekker. Dan neem jy die eerste verkennende slukkie. En dan … Wrang bitterheid. Dit skop jou vol op die maag. Dit is opperste verraad. Hoe kan iemand dit aan koffie doen? En aan jou? Maar kafeïen is mos self bitter? Dui bitterheid dan nie op ’n sterk kafeïenskop nie, met ander woorde ’n koppie ekstra sterk koffie? Is jy dus nie net onredelik as jy kla dat koffie te bitter is nie? Glad nie. Daar is volgens die International Coffee Organization egter so min kafeïen in ’n koppie koffie dat jou neus dit nie eers optel nie, en minder as 10% van die bitter smaak van koffie kom van kafeïen af. Goeie koffie proe aangenaam bitter. Wrang, frank bitter koffie is … swak koffie. Dit is gelukkig moontlik en doodmaklik om heerlike koffie te maak – elke keer. Want al vra koffiemaak ’n skeut kuns en ’n skeut wetenskap, behels dit eintlik maar net ’n goeie skeut kennis en ’n groot dosis goeie oordeel. Hier is die kunsies. 8 maklike dinge wat jy kan doen vir die perfekte koppie koffie 1 Koop die regte koffie • Die eerste geheim is die soort koffie wat jy koop. Koffie is nie maar net koffie nie. Daar is twee hoofspesies, waarvan die een juis bekend (soms selfs berug), is vir sy bitterheid. • Die bitterder spesie is die Robustas. Hulle werk goed vir espresso’s. • Vra jou koffieverskaffer om ’n Arabica as jy van ’n meer geronde, sagter koffie hou. Of kyk op die etiket. Arabicas word gewoonlik assulks bemark, omdat hulle duurder is. 2 Koop lig- of mediumgeroosterde koffie • Hoe dieper die koffie gerooster is, hoe bitterder kan dit raak. • As jy dus hou van die totale smaakpakket van ’n sekere koffie maar wens dit is net effens minder bitter kyk of jy ’n ligter geroosterde een kan kry. 3 Laat jou koffie growwer maal • Grein tél. Die growwer grein kan die verskil maak tussen net te bitter en perfek. 4 Gebruik varsgemaalde koffie • As koffie eers gerooster is, kan dit byna onbepaald vars bly, mits dit lugdig verpak is. • Sodra koffie egter gemaal is, begin dit smaak te verloor. • As jy vir ’n spesiale okkasie of die dag se hoogtepunt die aroma op sy beste wil uithaal, maal die moer vars net voor jy koffie daarmee maak. • Jy hoef egter nie elke keer jou koffie vars te maal nie. Gemaalde koffie behou sy aroma vir tot twee weke lank uitstekend. 5 Maak jou koffie met afgekoelde kookwater • Die ideale watertemperatuur vir die beste koffie iewers tussen 195°F en 205°F. Dit is effens koeler as kookwater se 100C. – Kook die water en laat dit ’n minuut of wat afkoel. • Wenkie vir kusbewoners: By die kus kook water by 100C. Vir elke 1000m bo seespieël val die kook met rondom 3C. • Gautengers se water kook dus by naby 90C. Hulle kan maar die water kokend oor die koffie gooi en steeds lekker koffie maak. Die res van ons moet ons water ’n bietjie laat afkoel. • Dit help as jy die water eers in ’n glasbeker skink, sodat die porselein die hitte kan absorbeer. • Of anders kan jy die ketel ’n minuut of wat laat afkoel, voor jy skink. 6 Verander jou koffiebereidingsmetode • Drupkoffie soos in perkoleerders waar die koffie deur die moer drup, of enige ander soortgelyke tegniek is baie minder bitter as koffie wat lang water- en moerkontak behels, soos Franse druksifkoffie, koffie wat heeldag in die kan staan en trek en koffie wat in konfore staan. 7 Trek jou koffie net een minuut • Hoe lank moet koffie trek? Net sestig sekondes. • ’n Vars pot goeie koffie is nooit bitter nie. ’n Ou pot van selfs die beste koffie is altyd bitter. 8 Gebruik minder moer • Dit is uit pure vrygewigheid dat jy ’n ekstra skeppie moer in die kan gooi maar so gooi jy ook meer bitter komponente by. • Hou by jou koffieverskaffer se riglyne, of eksperimenteer self en gebruik ’n bietjie minder koffiemoer.
http://www.rooirose.co.za/maak-koffie-soos-n-barista/
af
2016-09-28
www.rooirose.co.za/0666c9315ff2128202fd0abf92c630d7423c33dd9d43039f973e31283351c1a1.json
[ "Jy sink dankbaar neer in ’n restaurantstoel, smagtend na ’n koppie koffie om jou op te kikker. Die aromas in die lug kwas ’n kunswerk van ’n duisend koffiegeure … karamel, die aarde na ’n reënbui, Karoo-heuning op ’n hittige somersdag, sjokolade, rokerige aande, diep skakerings van lemoen, varsgesnyde kikoejoegras, droë hout …\nJou koffie kom. Die stoomwolkie bo die koppie beloof ’n konsentrasie van koffiegenot. Met die koppie digby jou lippe adem jy die crema genoeglik diep in. Die bekende kafeïenontploffing is uiteindelik op hande. Voor jy die rand van die koppie teen jou lippe kantel, laat jy die afwagting ’n ekstra sekonde opbou – net vir die lekker. Dan neem jy die eerste verkennende slukkie. En dan …\nWrang bitterheid.\nDit skop jou vol op die maag. Dit is opperste verraad. Hoe kan iemand dit aan koffie doen? En aan jou?\nMaar kafeïen is mos self bitter? Dui bitterheid dan nie op ’n sterk kafeïenskop nie, met ander woorde ’n koppie ekstra sterk koffie? Is jy dus nie net onredelik as jy kla dat koffie te bitter is nie?\nGlad nie.\nDaar is volgens die International Coffee Organization egter so min kafeïen in ’n koppie koffie dat jou neus dit nie eers optel nie, en minder as 10% van die bitter smaak van koffie kom van kafeïen af.\nGoeie koffie proe aangenaam bitter. Wrang, frank bitter koffie is … swak koffie. Dit is gelukkig moontlik en doodmaklik om heerlike koffie te maak – elke keer. Want al vra koffiemaak ’n skeut kuns en ’n skeut wetenskap, behels dit eintlik maar net ’n goeie skeut kennis en ’n groot dosis goeie oordeel. Hier is die kunsies.\n8 maklike dinge wat jy kan doen vir die perfekte koppie koffie\n1 Koop die regte koffie\n• Die eerste geheim is die soort koffie wat jy koop. Koffie is nie maar net koffie nie. Daar is twee hoofspesies, waarvan die een juis bekend (soms selfs berug), is vir sy bitterheid.\n• Die bitterder spesie is die Robustas. Hulle werk goed vir espresso’s.\n• Vra jou koffieverskaffer om ’n Arabica as jy van ’n meer geronde, sagter koffie hou. Of kyk op die etiket. Arabicas word gewoonlik assulks bemark, omdat hulle duurder is.\n2 Koop lig- of mediumgeroosterde koffie\n• Hoe dieper die koffie gerooster is, hoe bitterder kan dit raak.\n• As jy dus hou van die totale smaakpakket van ’n sekere koffie maar wens dit is net effens minder bitter kyk of jy ’n ligter geroosterde een kan kry.\n3 Laat jou koffie growwer maal\n• Grein tél. Die growwer grein kan die verskil maak tussen net te bitter en perfek.\n4 Gebruik varsgemaalde koffie\n• As koffie eers gerooster is, kan dit byna onbepaald vars bly, mits dit lugdig verpak is.\n• Sodra koffie egter gemaal is, begin dit smaak te verloor.\n• As jy vir ’n spesiale okkasie of die dag se hoogtepunt die aroma op sy beste wil uithaal, maal die moer vars net voor jy koffie daarmee maak.\n• Jy hoef egter nie elke keer jou koffie vars te maal nie. Gemaalde koffie behou sy aroma vir tot twee weke lank uitstekend.\n5 Maak jou koffie met afgekoelde kookwater\n• Die ideale watertemperatuur vir die beste koffie iewers tussen 195°F en 205°F. Dit is effens koeler as kookwater se 100C. – Kook die water en laat dit ’n minuut of wat afkoel.\n• Wenkie vir kusbewoners: By die kus kook water by 100C. Vir elke 1000m bo seespieël val die kook met rondom 3C. • Gautengers se water kook dus by naby 90C. Hulle kan maar die water kokend oor die koffie gooi en steeds lekker koffie maak. Die res van ons moet ons water ’n bietjie laat afkoel.\n• Dit help as jy die water eers in ’n glasbeker skink, sodat die porselein die hitte kan absorbeer.\n• Of anders kan jy die ketel ’n minuut of wat laat afkoel, voor jy skink.\n6 Verander jou koffiebereidingsmetode\n• Drupkoffie soos in perkoleerders waar die koffie deur die moer drup, of enige ander soortgelyke tegniek is baie minder bitter as koffie wat lang water- en moerkontak behels, soos Franse druksifkoffie, koffie wat heeldag in die kan staan en trek en koffie wat in konfore staan.\n7 Trek jou koffie net een minuut\n• Hoe lank moet koffie trek? Net sestig sekondes.\n• ’n Vars pot goeie koffie is nooit bitter nie. ’n Ou pot van selfs die beste koffie is altyd bitter.\n8 Gebruik minder moer\n• Dit is uit pure vrygewigheid dat jy ’n ekstra skeppie moer in die kan gooi maar so gooi jy ook meer bitter komponente by.\n• Hou by jou koffieverskaffer se riglyne, of eksperimenteer self en gebruik ’n bietjie minder koffiemoer.", "Maak koffie soos ’n barista" ]
[ "George Herald" ]
2016-09-29 10:07:24+00:00
null
2016-09-29 10:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F173314%2FBroer-kry-7-jaar-na-hy-suster-verkrag.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160929-103852-023_u0.jpg
en
null
Broer kry 7 jaar na hy suster verkrag
null
null
www.georgeherald.com
Generiese foto. GEORGE NUUS - Vir meer as twee jaar het 'n jong vrou van Rosemoor gewonder wie haar gedurende die nag van 19 en 20 April 2014 in haar ouerhuis verkrag het. Groot was die familie se skok toe DNS-uitslae, wat in Januarie vanjaar bekend gemaak is, haar dwelmverslaafde jonger broer as haar aanvaller uitgewys het. Die jong man (nou 19 jaar oud), wie se naam nie bekend gemaak mag word om die identiteit van sy suster te beskerm, is vroeër die maand sewe jaar gevangenisstraf in die Thembalethu-streekhof opgelê. Sy suster was 20 jaar oud ten tye van die voorval en kon nie inligting oor haar aanvaller aan die polisie verskaf nie. Dit het daartoe gelei dat al die manspersone in die huis se DNS geneem is. Haar broer, wat vir meer as twee jaar oor sy gruweldaad geswyg het, het nadat hy deur DNS verbind is, erken dat hy sy suster verkrag het. Hy het vroeër die aand saam met vriende tik en Mandrax-tablette gerook en toe huis toe gegaan om te gaan eet. Hy het sy suster op 'n matras sien lê waar sy "getiep" [dronk gelê] het. Hy erken dat hy hom halfpad ontklee het, en vir haar ook, waarna hy haar, in haar bewustelose toestand, verkrag het. Sy het nie tydens of na die voorval wakker geword nie en eers die volgende oggend onraad vermoed omdat haar broek geskeur was. Die beskuldigde wat sy vonnis in die Mosselbaai-jeugsentrum sal uitdien, het een vorige veroordeling. Hy is in Julie 2014 tot twee jaar korrektiewe toesig gevonnis. Ses maande van dié straf is in Junie 2015 in tronkstraf omskep weens sy volgehoue gebruik van dwelms. Die saak het voor streeklanddros Eugenia Jacobs gedien en Brandon Smith het vir die staat verskyn. ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/173314/Broer-kry-7-jaar-na-hy-suster-verkrag
af
2016-09-29
www.georgeherald.com/4480c61e7ccf947da3929cbfaa2b90fe34431c0b00467cc5eb415d8af1f1fc12.json
[ "Generiese foto.\nGEORGE NUUS - Vir meer as twee jaar het 'n jong vrou van Rosemoor gewonder wie haar gedurende die nag van 19 en 20 April 2014 in haar ouerhuis verkrag het.\nGroot was die familie se skok toe DNS-uitslae, wat in Januarie vanjaar bekend gemaak is, haar dwelmverslaafde jonger broer as haar aanvaller uitgewys het.\nDie jong man (nou 19 jaar oud), wie se naam nie bekend gemaak mag word om die identiteit van sy suster te beskerm, is vroeër die maand sewe jaar gevangenisstraf in die Thembalethu-streekhof opgelê. Sy suster was 20 jaar oud ten tye van die voorval en kon nie inligting oor haar aanvaller aan die polisie verskaf nie. Dit het daartoe gelei dat al die manspersone in die huis se DNS geneem is.\nHaar broer, wat vir meer as twee jaar oor sy gruweldaad geswyg het, het nadat hy deur DNS verbind is, erken dat hy sy suster verkrag het.\nHy het vroeër die aand saam met vriende tik en Mandrax-tablette gerook en toe huis toe gegaan om te gaan eet. Hy het sy suster op 'n matras sien lê waar sy \"getiep\" [dronk gelê] het. Hy erken dat hy hom halfpad ontklee het, en vir haar ook, waarna hy haar, in haar bewustelose toestand, verkrag het. Sy het nie tydens of na die voorval wakker geword nie en eers die volgende oggend onraad vermoed omdat haar broek geskeur was.\nDie beskuldigde wat sy vonnis in die Mosselbaai-jeugsentrum sal uitdien, het een vorige veroordeling. Hy is in Julie 2014 tot twee jaar korrektiewe toesig gevonnis. Ses maande van dié straf is in Junie 2015 in tronkstraf omskep weens sy volgehoue gebruik van dwelms.\nDie saak het voor streeklanddros Eugenia Jacobs gedien en Brandon Smith het vir die staat verskyn.\nARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Broer kry 7 jaar na hy suster verkrag", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-08 04:54:53+00:00
null
2016-09-07 20:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FSport%2FRugby%2F171891%2FJong-Kwaggas-pronk-rondborstig.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160907-203545-833_u0.jpg
en
null
Jong Kwaggas pronk rondborstig
null
null
www.georgeherald.com
Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete. GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se o.14A-rugbyspan en bestuurspan het rede om rondborstig rond te loop nadat hul pas deur SA Schools Sports as die nommer een o.14-span in Suid-Afrika aangewys is. Dit voorspel groot hoogtes vir Kwagga-rugby in die komende paar jaar wat hulle weer 'n groot faktor in skolerugby in die land kan maak. Die Kwaggas het ook verlede jaar die merkwaardige prestasie vir 'n plattelandse span behaal toe die o.14-span in die hoofwedstryd van die gewilde Nashua Junior Rugbyweek vir die gedugte span van Grey Kollege die loef afgesteek en 'n beroering veroorsaak het. Hulle het al hulle sestien wedstryde teen van die topspanne in die land gewen. Hul afrigterskorps, Deon Minnie, Piet Cloete en Charl Kitching verdien ook 'n pluimpie vir die welslae wat die span behaal het. Die leiers van die groep is Tinsley Stuurman (kaptein) en Divan Coetzee (onderkaptein). Puik oorwinnings is behaal teen: Hoërskool Strand 65-0; Waterkloof 48-0; Affies 26-5; Paul Roos 28-10; Paarl Boys High 26-9; HTS Drostdy 33-15; Nico Malan 41-0; Pearson 63-0; Hoërskool Oudtshoorn 61-0; Stellenberg 67-0; Oakdale 55-7; Langenhoven Gimnasium Oudtshoorn 51-0; Hoërskool Punt 54-0; Framesby 27-8; Paarl Gimnasium 55-12; Brandwag 63-0. Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete. 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Aan die einde van die 2016 seisoen kyk Outeniqua terug op 'n baie geslaagde jaar op die rugbyveld.
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/171891/Jong-Kwaggas-pronk-rondborstig
af
2016-09-07
www.georgeherald.com/933420c7dba9735fac5453bd4be0ab4a300302dd4a0d2ae828c8c32301e9043a.json
[ "Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete.\nGEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se o.14A-rugbyspan en bestuurspan het rede om rondborstig rond te loop nadat hul pas deur SA Schools Sports as die nommer een o.14-span in Suid-Afrika aangewys is.\nDit voorspel groot hoogtes vir Kwagga-rugby in die komende paar jaar wat hulle weer 'n groot faktor in skolerugby in die land kan maak.\nDie Kwaggas het ook verlede jaar die merkwaardige prestasie vir 'n plattelandse span behaal toe die o.14-span in die hoofwedstryd van die gewilde Nashua Junior Rugbyweek vir die gedugte span van Grey Kollege die loef afgesteek en 'n beroering veroorsaak het.\nHulle het al hulle sestien wedstryde teen van die topspanne in die land gewen.\nHul afrigterskorps, Deon Minnie, Piet Cloete en Charl Kitching verdien ook 'n pluimpie vir die welslae wat die span behaal het.\nDie leiers van die groep is Tinsley Stuurman (kaptein) en Divan Coetzee (onderkaptein).\nPuik oorwinnings is behaal teen: Hoërskool Strand 65-0; Waterkloof 48-0; Affies 26-5; Paul Roos 28-10; Paarl Boys High 26-9; HTS Drostdy 33-15; Nico Malan 41-0; Pearson 63-0; Hoërskool Oudtshoorn 61-0; Stellenberg 67-0; Oakdale 55-7; Langenhoven Gimnasium Oudtshoorn 51-0; Hoërskool Punt 54-0; Framesby 27-8; Paarl Gimnasium 55-12; Brandwag 63-0.\nDie o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete.\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'\nAan die einde van die 2016 seisoen kyk Outeniqua terug op 'n baie geslaagde jaar op die rugbyveld.", "Jong Kwaggas pronk rondborstig", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-15 10:59:32+00:00
null
2016-09-14 16:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F172329%2FBekende-prokureur-sterf.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160914-160231-073_u0.jpg
en
null
Bekende prokureur sterf
null
null
www.georgeherald.com
Wyle Jan Marais GEORGE NUUS - 'n Bekende prokureur van George, Jan Marais van JS Marais & Kie is Dinsdagoggend in die ouderdom van 69 jaar in 'n hospitaal in Somerset-Wes oorlede nadat sy gesondheid enkele maande gelede agteruit begin gaan het. Marais, wat vir baie jare Group Editors se regsverteenwoordiger was, was vir nagenoeg 30 jaar by firmas in George betrokke. "My pa was seker een van die oudste praktiserende prokureurs in George," het sy oudste seun en vennoot, Charl gesê. Jan het sy BProc-graad deur Unisa verwerf terwyl hy gewerk en 'n gesin grootgemaak het. Voor hy klaar studeer het, het hy as klerk by Dyasons Prokureurs in Pretoria begin werk, maar toe 'n sakegeleentheid met 'n vriend in Plettenbergbaai aangepak voordat hy besluit het om terug te keer regte toe. Die gesin het in 1987 na George verhuis waar Marais sy studies voltooi het terwyl hy by Alkema en Maree werksaam was. Die firma het met tyd verskeie vennote gehad en het onder meer bekendgestaan as Alkema Cross & Marais en Marais & Odendaal voordat Jan en Charl in 1999 JS Marais & Kie gestig het. In 2010 het Charl se vrou, Denise ook by die firma aangesluit. Volgens Charl was sy pa betrokke by verskeie gerapporteerde sake (hooggeregshofsake wat nuwe reg skep of van besondere regsbelang is), die laaste een vroeër hierdie jaar. Marais se verbintenis met Group Editors het oor dekades gestrek. "Tot vier maande gelede het my pa elke Woensdagmiddag saam met Peter Moolman (Group Editors se besturende direkteur), Koos Sieberhagen en dr. Johan de Beer gholf gespeel, 'n vierbal by die George-gholfklub wat oor meer as 15 jaar 'n instelling geword het," het Charl gesê. Marais was klubkaptein en klubpresident van die George-gholfklub en is later met lewenslange erelidmaatskap vereer. Hy laat sy vrou Denise, drie kinders Charl, Jeanise Kritzas en Jacques, asook vier kleinkinders agter. 'n Gedenkbyeenkoms word op Maandag 19 September om 15:00 by die George-gholfklub gehou. ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Talle suksesvolle prokureurs vandag in George het op een of ander stadium in hul loopbane in sy praktyk gewerk.
http://www.georgeherald.com/news/News/General/172329/Bekende-prokureur-sterf
af
2016-09-14
www.georgeherald.com/72a35ee8e311e3403c1e0243f1ca658345b31cd9a14a66aef81296240921cc80.json
[ "Wyle Jan Marais\nGEORGE NUUS - 'n Bekende prokureur van George, Jan Marais van JS Marais & Kie is Dinsdagoggend in die ouderdom van 69 jaar in 'n hospitaal in Somerset-Wes oorlede nadat sy gesondheid enkele maande gelede agteruit begin gaan het.\nMarais, wat vir baie jare Group Editors se regsverteenwoordiger was, was vir nagenoeg 30 jaar by firmas in George betrokke. \"My pa was seker een van die oudste praktiserende prokureurs in George,\" het sy oudste seun en vennoot, Charl gesê.\nJan het sy BProc-graad deur Unisa verwerf terwyl hy gewerk en 'n gesin grootgemaak het.\nVoor hy klaar studeer het, het hy as klerk by Dyasons Prokureurs in Pretoria begin werk, maar toe 'n sakegeleentheid met 'n vriend in Plettenbergbaai aangepak voordat hy besluit het om terug te keer regte toe. Die gesin het in 1987 na George verhuis waar Marais sy studies voltooi het terwyl hy by Alkema en Maree werksaam was.\nDie firma het met tyd verskeie vennote gehad en het onder meer bekendgestaan as Alkema Cross & Marais en Marais & Odendaal voordat Jan en Charl in 1999 JS Marais & Kie gestig het. In 2010 het Charl se vrou, Denise ook by die firma aangesluit.\nVolgens Charl was sy pa betrokke by verskeie gerapporteerde sake (hooggeregshofsake wat nuwe reg skep of van besondere regsbelang is), die laaste een vroeër hierdie jaar.\nMarais se verbintenis met Group Editors het oor dekades gestrek. \"Tot vier maande gelede het my pa elke Woensdagmiddag saam met Peter Moolman (Group Editors se besturende direkteur), Koos Sieberhagen en dr. Johan de Beer gholf gespeel, 'n vierbal by die George-gholfklub wat oor meer as 15 jaar 'n instelling geword het,\" het Charl gesê.\nMarais was klubkaptein en klubpresident van die George-gholfklub en is later met lewenslange erelidmaatskap vereer.\nHy laat sy vrou Denise, drie kinders Charl, Jeanise Kritzas en Jacques, asook vier kleinkinders agter.\n'n Gedenkbyeenkoms word op Maandag 19 September om 15:00 by die George-gholfklub gehou.\nARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'\nTalle suksesvolle prokureurs vandag in George het op een of ander stadium in hul loopbane in sy praktyk gewerk.", "Bekende prokureur sterf", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-03 06:51:45+00:00
null
2016-09-03 08:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F171633%2FSentrum-plant-n-saadjie-van-hoop-vir-kinders.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160903-081449-778_u0.jpg
en
null
Sentrum plant 'n saadjie van hoop vir kinders
null
null
www.georgeherald.com
Die ou gebou behoort aan die Katolieke Kerk. Dit het opknappingswerk nodig, maar intussen gebruik Seed of Hope twee klaskamers wat hulle ingerig het vir die middagprogramme. GEORGE NUUS - In 'n verwaarloosde ou gebou op die perseel van die St. Marys Primêre Skool in Rosemoor weerklink daar weeksmiddae uitbundige kinderstemme. Waar hulle voorheen alleen tuis sou wees omdat hul ouers werk, kom hulle deesdae gretig hier bymekaar in 'n gesellige klaskamer waar 'n groepie gawe tannies 'n ogie oor hulle hou. Kinders wat ekstra aandag nodig het in lees of wiskunde, word ook gehelp. Hierdie veilige hawe is deel van die St. Marys Seed of Hope-sentrum wat in Maart vanjaar geloods is. Volgens die stigter, Errol Jaftha is daar oorweldigende belangstelling in die gemeenskap. In die eerste drie weke is ongeveer 380 kinders en jongmense deur die deure verwelkom. Elke middag van 15:00 af word 'n program aangebied. Maandae is daar 'n program vir gr. 1's tot 7's waar 'n goeie grondslag vir opvoeding gelê word, Dinsdae is daar sport vir alle ouderdomme, Woensdae dansklasse (alle ouderdomme), Donderdae beroepsvoorligting (vir jongmense) en Vrydae entrepreneurskapsessies (ook vir die jeug) en 'n 'Inspirerende Vrydag'-program. Vrywilligers is verantwoordelik vir die aanbieding en die sentrum is van borge afhanklik. Die George Herald het gaan inloer by die program vir die laerskoolkinders waar vyf vroue met baie min hulpbronne tot hul beskikking stimulerende aktiwiteite met die kinders doen. Hulle fokus op leesvaardighede, sien toe dat kinders hul huiswerk doen, help met leesverbetering en wiskunde, en fokus ook op kunsaktiwiteite. Volgens die hooftoesighouer, Francis Geswindt, daag daar gewoonlik nie minder as 50 kinders op nie. Sop en brood word ook uitgedeel. Jaftha sê die entoesiasme waarmee daar aan die aktiwiteite deelgeneem word, wys dat daar 'n groot behoefte onder kinders en jongmense is. "Dit is duidelik dat hierdie sentrum nie 'n luukse is nie, maar 'n noodsaaklikheid." Volgens Geswindt beperk 'n tekort aan skryfbehoeftes, leesboeke, legkaarte en hulpmiddels wat vir kunsprojekte gebruik kan word die program. "Die kinders is baie gretig om te leer en deel te neem en die vrywilligers uiters toegewyd, maar soveel meer kan vermag word as daar behoorlike materiaal is," sê sy. Deel van Seed of Hope se visie is om die ou gebou op te knap en onder meer ook 'n rekenaarklas te vestig, maar dit sal slegs met die hulp van borge gedoen kan word. Die gebou is in 'n swak toestand en die toilette werk nie. Die sentrum ontvang reeds samewerking van verskeie rolspelers waaronder die Onderwysdepartement, George-munisipaliteit, Katolieke Kerk en St. Marys Primêre Skool. Enigiemand wat as vrywilligers betrokke wil raak deur hul vaardigheid en kennis in te span in die kinderprogramme of mense wat skenkings wil maak, kan vir Errol Jaftha bel by 079 999 3563, of stuur 'n e-pos na seedofhope01@gmail.com. Joy Fouche skryf 'n boodskappie vir haar ma in 'n kaartjie wat sy vir Vrouedag gemaak het. Die toegewyde vrywillgers wat die programme vir die gr. 1's tot 7's aanbied. Van links is Francis Geswindt (hooftoesighouer), AngelaTerblanche (hip-hop- en balletaanbieder), Lorrieta Hasley (bied 'Inspirerende Vrydag' aan), Leana Jaftha en Faith-Anne Valentine (albei betrokke bykuns en kultuur), en Gaino Rondganger (administrasieklerk). ARTIKEL & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171633/Sentrum-plant-n-saadjie-van-hoop-vir-kinders
af
2016-09-03
www.georgeherald.com/27385a8833fe25c66ce31f7f0c81d53ab6ddf02657bbfc1b35aaa55e0e05ec61.json
[ "Die ou gebou behoort aan die Katolieke Kerk. Dit het opknappingswerk nodig, maar intussen gebruik Seed of Hope twee klaskamers wat hulle ingerig het vir die middagprogramme.\nGEORGE NUUS - In 'n verwaarloosde ou gebou op die perseel van die St. Marys Primêre Skool in Rosemoor weerklink daar weeksmiddae uitbundige kinderstemme.\nWaar hulle voorheen alleen tuis sou wees omdat hul ouers werk, kom hulle deesdae gretig hier bymekaar in 'n gesellige klaskamer waar 'n groepie gawe tannies 'n ogie oor hulle hou. Kinders wat ekstra aandag nodig het in lees of wiskunde, word ook gehelp.\nHierdie veilige hawe is deel van die St. Marys Seed of Hope-sentrum wat in Maart vanjaar geloods is. Volgens die stigter, Errol Jaftha is daar oorweldigende belangstelling in die gemeenskap. In die eerste drie weke is ongeveer 380 kinders en jongmense deur die deure verwelkom.\nElke middag van 15:00 af word 'n program aangebied. Maandae is daar 'n program vir gr. 1's tot 7's waar 'n goeie grondslag vir opvoeding gelê word, Dinsdae is daar sport vir alle ouderdomme, Woensdae dansklasse (alle ouderdomme), Donderdae beroepsvoorligting (vir jongmense) en Vrydae entrepreneurskapsessies (ook vir die jeug) en 'n 'Inspirerende Vrydag'-program.\nVrywilligers is verantwoordelik vir die aanbieding en die sentrum is van borge afhanklik.\nDie George Herald het gaan inloer by die program vir die laerskoolkinders waar vyf vroue met baie min hulpbronne tot hul beskikking stimulerende aktiwiteite met die kinders doen. Hulle fokus op leesvaardighede, sien toe dat kinders hul huiswerk doen, help met leesverbetering en wiskunde, en fokus ook op kunsaktiwiteite. Volgens die hooftoesighouer, Francis Geswindt, daag daar gewoonlik nie minder as 50 kinders op nie. Sop en brood word ook uitgedeel.\nJaftha sê die entoesiasme waarmee daar aan die aktiwiteite deelgeneem word, wys dat daar 'n groot behoefte onder kinders en jongmense is. \"Dit is duidelik dat hierdie sentrum nie 'n luukse is nie, maar 'n noodsaaklikheid.\"\nVolgens Geswindt beperk 'n tekort aan skryfbehoeftes, leesboeke, legkaarte en hulpmiddels wat vir kunsprojekte gebruik kan word die program. \"Die kinders is baie gretig om te leer en deel te neem en die vrywilligers uiters toegewyd, maar soveel meer kan vermag word as daar behoorlike materiaal is,\" sê sy.\nDeel van Seed of Hope se visie is om die ou gebou op te knap en onder meer ook 'n rekenaarklas te vestig, maar dit sal slegs met die hulp van borge gedoen kan word. Die gebou is in 'n swak toestand en die toilette werk nie. Die sentrum ontvang reeds samewerking van verskeie rolspelers waaronder die Onderwysdepartement, George-munisipaliteit, Katolieke Kerk en St. Marys Primêre Skool.\nEnigiemand wat as vrywilligers betrokke wil raak deur hul vaardigheid en kennis in te span in die kinderprogramme of mense wat skenkings wil maak, kan vir Errol Jaftha bel by 079 999 3563, of stuur 'n e-pos na seedofhope01@gmail.com.\nJoy Fouche skryf 'n boodskappie vir haar ma in 'n kaartjie wat sy vir Vrouedag gemaak het.\nDie toegewyde vrywillgers wat die programme vir die gr. 1's tot 7's aanbied. Van links is Francis Geswindt (hooftoesighouer), AngelaTerblanche (hip-hop- en balletaanbieder), Lorrieta Hasley (bied 'Inspirerende Vrydag' aan), Leana Jaftha en Faith-Anne Valentine (albei betrokke bykuns en kultuur), en Gaino Rondganger (administrasieklerk).\nARTIKEL & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Sentrum plant 'n saadjie van hoop vir kinders", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-29 08:06:17+00:00
null
2016-09-27 11:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F173151%2FCantandobloem-in-Hoekwil-en-George.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160927-113813-671_u0.jpg
en
null
Cantando@bloem in Hoekwil en George
null
null
www.georgeherald.com
GEORGE NUUS - 'n Semi-professionele koor van Bloemfontein, cantando@bloem, onder leiding van Werner Stander, toer die eerste paar dae van Oktober in die Suid-Kaap. Die repertorium van hierdie koor bestaan uit beide gewyde en sekulêre werke, asook etniese werke. Groter werke uit die standaard koorrepertorium is ook ingesluit. Hulle eerste optrede aan die Tuinroete is Saterdag 1 Oktober 18:00 in die NG kerk Die Vleie, Hoekwil. Kaartjies vir hierdie uitvoering teen R50 per persoon is verkrygbaar by die kerkkantoor (ds. Dawie le Roux: 044 877 1110) of by die deur. Op Sondagoggend 2 Oktober om 09:00, tree die koor op tydens die nagmaaldiens in die NG Moedergemeente, George en Maandag 3 Oktober om 19:00 word 'n uitvoering aangebied in die St Mark's katedraal in George. Die mannekoor van George, wat die gasheer is, tree op in die voorprogram en na die pouse kom cantando@bloem aan die beurt. Die kontakpersoon vir kaartjies wat R50 per persoon is, is Johan van Roon by 082 771 8794. 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173151/Cantandobloem-in-Hoekwil-en-George
af
2016-09-27
www.georgeherald.com/c9d62ce25d3c7e4f5ac47bbbe3033338181f63764e46ce08a6f6334b43dfa916.json
[ "GEORGE NUUS - 'n Semi-professionele koor van Bloemfontein, cantando@bloem, onder leiding van Werner Stander, toer die eerste paar dae van Oktober in die Suid-Kaap.\nDie repertorium van hierdie koor bestaan uit beide gewyde en sekulêre werke, asook etniese werke. Groter werke uit die standaard koorrepertorium is ook ingesluit.\nHulle eerste optrede aan die Tuinroete is Saterdag 1 Oktober 18:00 in die NG kerk Die Vleie, Hoekwil. Kaartjies vir hierdie uitvoering teen R50 per persoon is verkrygbaar by die kerkkantoor (ds. Dawie le Roux: 044 877 1110) of by die deur.\nOp Sondagoggend 2 Oktober om 09:00, tree die koor op tydens die nagmaaldiens in die NG Moedergemeente, George en Maandag 3 Oktober om 19:00 word 'n uitvoering aangebied in die St Mark's katedraal in George.\nDie mannekoor van George, wat die gasheer is, tree op in die voorprogram en na die pouse kom cantando@bloem aan die beurt.\nDie kontakpersoon vir kaartjies wat R50 per persoon is, is Johan van Roon by 082 771 8794.\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Cantando@bloem in Hoekwil en George", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-07 12:54:35+00:00
null
2016-09-07 14:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F171774%2FGoeie-opkoms-by-Baask-se-jaarvergadering.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160907-140617-479_u0.jpg
en
null
Goeie opkoms by Baask se jaarvergadering
null
null
www.georgeherald.com
Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17. SUID-KAAP NUUS - Belangegroep vir Aftreeoorde en Aanverwante Instansies in die Suid-Kaap (Baask) het op 26 Augustus hul algemene jaarvergadering by Blue Mountain Haven in George gehou. Ongeveer 40 verteenwoordigers van oor die Suid-Kaap het die geleentheid bygewoon. Baask is 'n nie-winsgewende organisasie waarby aftreeoorde en aanverwante instansies gemoeid met bejaardesorg in die Suid-Kaap, op vrywillige grondslag aansluit. Baask se bedieningsgebied is hoofsaaklik die geografiese gebied wat strek van Plettenbergbaai in 'n denkbeeldige lyn oor Uniondale na Beaufort-Wes, Swellendam en Stilbaai. Aansoeke om affiliasie buite hierdie gebied word egter ook oorweeg. Aftreeoorde en enige instansie wat gemoeid is met bejaardesorg en ingevolge die relevante wette bedryf word, mag aansoek doen om by Baask te affilieer. Daar is 17 instansies in 'n totaal van ongeveer 25 in Suid-Kaap wat by Baask geaffilieer is. Die voorsitter, Eric Bekker, het sy jaarverslag gelewer met verwysing na die toepassing van Wet 13 van 2006, die Wet op Ouer Persone wat vele uitdagings die afgelope jaar aan almal gebied het. Hy het ook die dienende bestuurslede bedank vir hulle toewyding en positiewe insette. Die bestuur het die afgelope jaar vier vergaderings gehou, probleme en uitdagings bespreek, en die nodige advies deurgegee. Bekker het hulde gebring aan die verpleegpersoneel en in die besonder aan die versorgers. "'n Mens sou ook na hulle kon verwys as 'engele' wat ook verantwoordelik is vir die stimulering van die bejaardes wat hulle versorg. Hulle sien toe dat die bejaardes gewas, gevoed, netjies en gemaklik geklee is, vertel of lees vir hulle stories en sorg dat hulle gereeld oefening kry deur met hulle te gaan stap. Versorgers lewer 'n onbaatsugtige diens, en daarvoor het ons groot waardering." Sprekers by die vergadering was Gert Meiring van Huis Elsje in Mosselbaai wat oor demensie gepraat het en Elize Nel: Direkteur Gemeenskapsdienste Mosselbaai-munisipaliteit wat die ouerwordende gemeenskap en hul rol in die samelewing bespreek het. Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17. Die bestuur is voor, van links: Pieter Swanepoel (Blue Mountain Haven), Bets Wilkinson (Caves-aftreeoord), dr. Gerrit Theron (Hartenrus), Eric Bekker (Genevafontein-aftreeoord), sr. Retha Nel (Hartenrus)), Johan Smuts (Hartenrus). Afwesig: Gert Meiring (Huis Elsje Mosselbaai). Die voorsitter sal by die eerste bestuursvergadering aangewys word. 'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171774/Goeie-opkoms-by-Baask-se-jaarvergadering
af
2016-09-07
www.georgeherald.com/111b87d719133c1ec3affd3503b800b52416b3520fdb5100f49d9d5b91821889.json
[ "Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17.\nSUID-KAAP NUUS - Belangegroep vir Aftreeoorde en Aanverwante Instansies in die Suid-Kaap (Baask) het op 26 Augustus hul algemene jaarvergadering by Blue Mountain Haven in George gehou. Ongeveer 40 verteenwoordigers van oor die Suid-Kaap het die geleentheid bygewoon.\nBaask is 'n nie-winsgewende organisasie waarby aftreeoorde en aanverwante instansies gemoeid met bejaardesorg in die Suid-Kaap, op vrywillige grondslag aansluit. Baask se bedieningsgebied is hoofsaaklik die geografiese gebied wat strek van Plettenbergbaai in 'n denkbeeldige lyn oor Uniondale na Beaufort-Wes, Swellendam en Stilbaai.\nAansoeke om affiliasie buite hierdie gebied word egter ook oorweeg.\nAftreeoorde en enige instansie wat gemoeid is met bejaardesorg en ingevolge die relevante wette bedryf word, mag aansoek doen om by Baask te affilieer.\nDaar is 17 instansies in 'n totaal van ongeveer 25 in Suid-Kaap wat by Baask geaffilieer is.\nDie voorsitter, Eric Bekker, het sy jaarverslag gelewer met verwysing na die toepassing van Wet 13 van 2006, die Wet op Ouer Persone wat vele uitdagings die afgelope jaar aan almal gebied het. Hy het ook die dienende bestuurslede bedank vir hulle toewyding en positiewe insette. Die bestuur het die afgelope jaar vier vergaderings gehou, probleme en uitdagings bespreek, en die nodige advies deurgegee.\nBekker het hulde gebring aan die verpleegpersoneel en in die besonder aan die versorgers. \"'n Mens sou ook na hulle kon verwys as 'engele' wat ook verantwoordelik is vir die stimulering van die bejaardes wat hulle versorg. Hulle sien toe dat die bejaardes gewas, gevoed, netjies en gemaklik geklee is, vertel of lees vir hulle stories en sorg dat hulle gereeld oefening kry deur met hulle te gaan stap. Versorgers lewer 'n onbaatsugtige diens, en daarvoor het ons groot waardering.\"\nSprekers by die vergadering was Gert Meiring van Huis Elsje in Mosselbaai wat oor demensie gepraat het en Elize Nel: Direkteur Gemeenskapsdienste Mosselbaai-munisipaliteit wat die ouerwordende gemeenskap en hul rol in die samelewing bespreek het.\nAfgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17. Die bestuur is voor, van links: Pieter Swanepoel (Blue Mountain Haven), Bets Wilkinson (Caves-aftreeoord), dr. Gerrit Theron (Hartenrus), Eric Bekker (Genevafontein-aftreeoord), sr. Retha Nel (Hartenrus)), Johan Smuts (Hartenrus). Afwesig: Gert Meiring (Huis Elsje Mosselbaai). Die voorsitter sal by die eerste bestuursvergadering aangewys word.\n'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'", "Goeie opkoms by Baask se jaarvergadering", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-30 06:16:22+00:00
null
null
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fviewblog%2F1637%2FDis-tyd-om-te-reverse.json
http://www.georgeherald.com/viewblog/1637/favicon.ico
en
null
null
null
null
www.georgeherald.com
My skoonpa het op 'n keer gesê 'n skaap kan nie 'reverse' nie. Ek wou nog altyd vir 'n skaapboer vra of dit waar is of nie. Van skape weet ek min, maar van sommige mense is dit beslis waar. Om te 'reverse' is meer ingewikkeld as wat dit klink. Dit beteken jy moet op 'n punt kom waar jy besef jy is besig om verkeerd te loop, dan moet jy stop, herbesin en 'reverse' tot op 'n plek waar jy bestekopname kan doen voordat jy op 'n ander pad vorentoe gaan. As ons kyk na wat op die oomblik in ons land aangaan is daar soveel voorbeelde van individue, groepe en organisasies wat eenvoudig weier om oor te skakel na trurat dat mens nie eintlik weet wie om te noem en wie om uit te laat nie. Ons sit met 'n president wat veronderstel is om die land se herder te wees, maar voortploeter met absolute minagting van enige stelsels, wette, riglyne en gesonde oordeel. En agter hom is troppe skape wat te bang is om hom oor die afgrond te stamp, want hulle het elkeen te veel om te verloor. Omdat die president weier om te 'reverse' of sommer net langs die pad af te trek en stil-stil uit die politiek te verdwyn maak dit die deur oop vir soveel ander vergrype en redelose optredes deur die troppe. Ons sit met hoeveel staatsinstellings waar mense ondanks hofbevindinge en ondanks openbare teenkanting, vasklou aan poste waar hulle elke liewe redelike reël en riglyn verontagsaam. Kyk maar hoe wys die SAUK-baas sy agterent vir almal; en wie sal nie as jy 'n bonus van elf miljoen vir een jaar se aanjaag ontvang nie? Dan wonder ons waarom studente oënskynlik nie kan verstaan dat daar in die eerste plek nie geld is om gratis studies haalbaar te maak nie en dat mens in die tweede plek nie die plek waar hulle gratis wil studeer moet afbrand nie. Hulle verstaan dit baie goed, maar die kultuur wat deur leiers en topamptenare geskep word, word omarm en gevolg, want elkeen moet mos 'n beurt kry om te ontvang of sommer net te vat. En as ons dink dit is net politici, studente en onbeholpe hoofbestuurders wat weier om demokratiese- en regsprosesse te eerbiedig is ons verkeerd. Verlede week het 'n groot gees in kerkgeledere uit sy pos bedank omdat daar botweg deur die kerk geweier word om uitvoering te gee aan 'n sinodebesluit en hy homself nie verder met die weiering kon vereenselwig nie. Ek doen gereeld aanbiedinge en praatjies by instansies en skole en een van die vrae wat telkens gevra word is waarom die jeug hulle nie meer aan reëls en voorskrifte steur nie. Daar is waarskynlik 'n magdom akademiese en nagevorste redes, maar vir my is die een wat uitstaan die feit dat die jeug "monkey see, monkey do" speel. As grootmense rondom hulle op 'n daaglikse basis norme en reëls minag is dit mos logies dat kinders dit ook sal doen. Dalk moet ons as volwassenes almal 'n entjie 'reverse' en herbesin oor die boodskap van reg en geregtigheid wat ons aan ons kinders oordra. DEUR HANNES VISSER
http://www.georgeherald.com/viewblog/1637/Dis-tyd-om-te-reverse
af
2016-9-01
www.georgeherald.com/c1fec20763e895d4de58d99ab13e6804d2fbc76b0ad41de05328103519c0a994.json
[ "My skoonpa het op 'n keer gesê 'n skaap kan nie 'reverse' nie. Ek wou nog altyd vir 'n skaapboer vra of dit waar is of nie. Van skape weet ek min, maar van sommige mense is dit beslis waar.\nOm te 'reverse' is meer ingewikkeld as wat dit klink. Dit beteken jy moet op 'n punt kom waar jy besef jy is besig om verkeerd te loop, dan moet jy stop, herbesin en 'reverse' tot op 'n plek waar jy bestekopname kan doen voordat jy op 'n ander pad vorentoe gaan.\nAs ons kyk na wat op die oomblik in ons land aangaan is daar soveel voorbeelde van individue, groepe en organisasies wat eenvoudig weier om oor te skakel na trurat dat mens nie eintlik weet wie om te noem en wie om uit te laat nie.\nOns sit met 'n president wat veronderstel is om die land se herder te wees, maar voortploeter met absolute minagting van enige stelsels, wette, riglyne en gesonde oordeel. En agter hom is troppe skape wat te bang is om hom oor die afgrond te stamp, want hulle het elkeen te veel om te verloor. Omdat die president weier om te 'reverse' of sommer net langs die pad af te trek en stil-stil uit die politiek te verdwyn maak dit die deur oop vir soveel ander vergrype en redelose optredes deur die troppe.\nOns sit met hoeveel staatsinstellings waar mense ondanks hofbevindinge en ondanks openbare teenkanting, vasklou aan poste waar hulle elke liewe redelike reël en riglyn verontagsaam. Kyk maar hoe wys die SAUK-baas sy agterent vir almal; en wie sal nie as jy 'n bonus van elf miljoen vir een jaar se aanjaag ontvang nie?\nDan wonder ons waarom studente oënskynlik nie kan verstaan dat daar in die eerste plek nie geld is om gratis studies haalbaar te maak nie en dat mens in die tweede plek nie die plek waar hulle gratis wil studeer moet afbrand nie. Hulle verstaan dit baie goed, maar die kultuur wat deur leiers en topamptenare geskep word, word omarm en gevolg, want elkeen moet mos 'n beurt kry om te ontvang of sommer net te vat.\nEn as ons dink dit is net politici, studente en onbeholpe hoofbestuurders wat weier om demokratiese- en regsprosesse te eerbiedig is ons verkeerd. Verlede week het 'n groot gees in kerkgeledere uit sy pos bedank omdat daar botweg deur die kerk geweier word om uitvoering te gee aan 'n sinodebesluit en hy homself nie verder met die weiering kon vereenselwig nie.\nEk doen gereeld aanbiedinge en praatjies by instansies en skole en een van die vrae wat telkens gevra word is waarom die jeug hulle nie meer aan reëls en voorskrifte steur nie. Daar is waarskynlik 'n magdom akademiese en nagevorste redes, maar vir my is die een wat uitstaan die feit dat die jeug \"monkey see, monkey do\" speel. As grootmense rondom hulle op 'n daaglikse basis norme en reëls minag is dit mos logies dat kinders dit ook sal doen.\nDalk moet ons as volwassenes almal 'n entjie 'reverse' en herbesin oor die boodskap van reg en geregtigheid wat ons aan ons kinders oordra.\nDEUR HANNES VISSER", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-16 13:41:40+00:00
null
null
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fviewblog%2F1625%2FInentingdebat-ongegrond.json
http://www.georgeherald.com/viewblog/1625/favicon.ico
en
null
null
null
null
www.georgeherald.com
Met griep wat sy kloue die afgelope week in my lyf kom inslaan het, dink ek weer aan die debat oor inenting. Vandag is die tendens onder moderne ouers om dit te vermy, omdat sommige beweer dat dit net so sleg vir jou is as siekte self. Om dit te ignoreer kan egter dodelik wees. Anti-entstof aktiviste besef nie waarmee hul te koop loop en hoe gevaarlik hul denkwyse werklik is nie. Dodelike siektes soos polio, breinvliesontsteking, kinkhoes, witseerkeel, Hepatitis A en B, TB, pampoentjies, servikale kanker en masels word voorkom met inenting, hoe kan dit dus 'n negatiewe uitwerking hê? Sekerlik kan bakterieë wat volgens die doemprofete die immuniteit van babas en kinders beïnvloed vinniger behandel word as 'n dodelike siekte? Ons leef tog in 'n moderne samelewing waar die medici so gevorderd is dat vandag se ouers eerder dankbaar kan wees dat hul kinders 'n beter kans op gesondheid het as toe ons kinders was. Mens kan nie help om te wonder of die nuwe denkwyse oor inenting werklik goed deurdink is voor die argument geformuleer is nie. Ja, jou kind kan vir hom- of haarself besluit en is dit werklik regverdig om namens 'n kind so 'n besluit te neem? Hoe sal so 'n ouer met sy of haar gewete saamleef indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat inenting vermy was? Hoe regverdig is so 'n besluit dan, of is dit bloot selfsugtig omdat ondeurdenkte beweegredes houvasplek gekry het in 'n ouer se besluitneming? Die nuwe inentingstowwe het baie minder newe-effekte as inentings van ouds - wat aan meeste van ons toegedien is en twyfel ek sterk of enige van die mense vandag kwaad is vir hul ouers omdat hul ingeënt is. Inteendeel, dis dalk hoekom baie van ons vandag nog lewe! Vier redes staan uit waarom inenting wel moet gebeur: Dit is veilig en effektief, dit kan jou kind se lewe red, dit spaar tyd en geld en dit beskerm nie net hierdie generasie nie, maar ook generasies wat volg. Die ope vraag wat prontuit gestel kan word is: Indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat hy/sy nie ingeënt is nie - is dit moord of mansslag?
http://www.georgeherald.com/viewblog/1625/Inentingdebat-ongegrond
af
2016-9-01
www.georgeherald.com/d777ee6c1a5e9e6b7f1063a412f9ab17d27250af478e7c4344d6e68fe106efae.json
[ "Met griep wat sy kloue die afgelope week in my lyf kom inslaan het, dink ek weer aan die debat oor inenting. Vandag is die tendens onder moderne ouers om dit te vermy, omdat sommige beweer dat dit net so sleg vir jou is as siekte self. Om dit te ignoreer kan egter dodelik wees.\nAnti-entstof aktiviste besef nie waarmee hul te koop loop en hoe gevaarlik hul denkwyse werklik is nie. Dodelike siektes soos polio, breinvliesontsteking, kinkhoes, witseerkeel, Hepatitis A en B, TB, pampoentjies, servikale kanker en masels word voorkom met inenting, hoe kan dit dus 'n negatiewe uitwerking hê? Sekerlik kan bakterieë wat volgens die doemprofete die immuniteit van babas en kinders beïnvloed vinniger behandel word as 'n dodelike siekte? Ons leef tog in 'n moderne samelewing waar die medici so gevorderd is dat vandag se ouers eerder dankbaar kan wees dat hul kinders 'n beter kans op gesondheid het as toe ons kinders was.\nMens kan nie help om te wonder of die nuwe denkwyse oor inenting werklik goed deurdink is voor die argument geformuleer is nie. Ja, jou kind kan vir hom- of haarself besluit en is dit werklik regverdig om namens 'n kind so 'n besluit te neem? Hoe sal so 'n ouer met sy of haar gewete saamleef indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat inenting vermy was? Hoe regverdig is so 'n besluit dan, of is dit bloot selfsugtig omdat ondeurdenkte beweegredes houvasplek gekry het in 'n ouer se besluitneming?\nDie nuwe inentingstowwe het baie minder newe-effekte as inentings van ouds - wat aan meeste van ons toegedien is en twyfel ek sterk of enige van die mense vandag kwaad is vir hul ouers omdat hul ingeënt is. Inteendeel, dis dalk hoekom baie van ons vandag nog lewe!\nVier redes staan uit waarom inenting wel moet gebeur: Dit is veilig en effektief, dit kan jou kind se lewe red, dit spaar tyd en geld en dit beskerm nie net hierdie generasie nie, maar ook generasies wat volg.\nDie ope vraag wat prontuit gestel kan word is: Indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat hy/sy nie ingeënt is nie - is dit moord of mansslag?", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-30 06:17:20+00:00
null
2016-09-29 16:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F173456%2FPotlode-en-pastelle-die-pad-na-haar-hart.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160929-164546-824_u0.jpg
en
null
Potlode en pastelle die pad na háár hart
null
null
www.georgeherald.com
Van links is Marchant Maasdorp, 'n stigterslid van Stationery 4 Africa, Rosie Leen (gr. 6) en Elwayn Windvogel (gr. 5), beide leerders van Dieprivier VGK Primêr en Lara Durant. Foto's: Verskaf GEORGE NUUS - 'n Jong meisie se dryfkrag om 'n verskil te maak in behoeftige skole het haar die titel besorg as plaaslike ambassadeur vir die landswye organisasie Stationery 4 Africa. Lara Durant (12), 'n gr.6-leerder aan Glenwood House Primêr, het 'n skoolprojek wat leerders aanmoedig om uit te reik na die gemeenskap 'n stappie verder geneem. Nie alleen is Lara besig met 'n groot insameling van skryfbehoeftes by skole in die omgewing nie, maar het sy reeds deur blootstelling op sosiale media altesaam 113 internasionale skole aan boord wat aan die projek wil deelneem. Sy moedig skole aan om 'n civvies-dag te hou waarvoor leerders R10 bydrae tot die projek en om ou skryfbehoeftes in 5 liter plastiekhouers te versamel wat weer aan behoeftige skole gegee word. Sy is tans in gesprek met verskeie skole in George vir bydraes vir die projek. Volgens Lara sal die oorsese skole waarskynlik meer fokus op 'n finansiële bydrae. Lara het Stationery 4 Africa verlede Dinsdag 20 September gehelp om skryfbehoeftes, skryfbordjies en mussies aan 119 leerders van Dieprivier VGK Primêr, in Noll (Uniondale-omgewing), uit te deel. Die ondervinding het haar verder aangevuur met haar missie om leerders te help. By navraag oor haar motivering vir hierdie projek, het Lara gesê: "Ek het dit gekies, want ek sien baie keer as ons skool toe ry in die oggende, kinders wat regtig niks het nie. Ek het gevoel hulle moet immers skryfbehoeftes hê. Soms kry hulle vir Kersfees, maar dan is dit al klaar op teen die tyd wat hulle skool toe gaan." Die skoolhoof van Dieprivier VGK Primêr, Renette Fourie, is in die wolke oor die skenking. "Dit is 'n fantastiese gebaar," het sy gesê. "Die kinders is almal van die plaasgemeenskap. Die kleurpotlode en pastelle is baie welkom, ons kan dit vir kuns gebruik." Vir inligting stuur 'n e-pos aan lara.glenwood@gmail.com of kontak haar by 071 688 1046. The learners at Dieprivier VGK Primary received knitted hoodies sent all the way from Uitenhage, writing boards and stationary. ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/173456/Potlode-en-pastelle-die-pad-na-haar-hart
af
2016-09-29
www.georgeherald.com/e7edc37c6a8d70eb3392e7084f23d947654629835dcc3e795690bdd46fbeea1e.json
[ "Van links is Marchant Maasdorp, 'n stigterslid van Stationery 4 Africa, Rosie Leen (gr. 6) en Elwayn Windvogel (gr. 5), beide leerders van Dieprivier VGK Primêr en Lara Durant. Foto's: Verskaf\nGEORGE NUUS - 'n Jong meisie se dryfkrag om 'n verskil te maak in behoeftige skole het haar die titel besorg as plaaslike ambassadeur vir die landswye organisasie Stationery 4 Africa.\nLara Durant (12), 'n gr.6-leerder aan Glenwood House Primêr, het 'n skoolprojek wat leerders aanmoedig om uit te reik na die gemeenskap 'n stappie verder geneem. Nie alleen is Lara besig met 'n groot insameling van skryfbehoeftes by skole in die omgewing nie, maar het sy reeds deur blootstelling op sosiale media altesaam 113 internasionale skole aan boord wat aan die projek wil deelneem.\nSy moedig skole aan om 'n civvies-dag te hou waarvoor leerders R10 bydrae tot die projek en om ou skryfbehoeftes in 5 liter plastiekhouers te versamel wat weer aan behoeftige skole gegee word. Sy is tans in gesprek met verskeie skole in George vir bydraes vir die projek. Volgens Lara sal die oorsese skole waarskynlik meer fokus op 'n finansiële bydrae.\nLara het Stationery 4 Africa verlede Dinsdag 20 September gehelp om skryfbehoeftes, skryfbordjies en mussies aan 119 leerders van Dieprivier VGK Primêr, in Noll (Uniondale-omgewing), uit te deel. Die ondervinding het haar verder aangevuur met haar missie om leerders te help.\nBy navraag oor haar motivering vir hierdie projek, het Lara gesê: \"Ek het dit gekies, want ek sien baie keer as ons skool toe ry in die oggende, kinders wat regtig niks het nie. Ek het gevoel hulle moet immers skryfbehoeftes hê. Soms kry hulle vir Kersfees, maar dan is dit al klaar op teen die tyd wat hulle skool toe gaan.\"\nDie skoolhoof van Dieprivier VGK Primêr, Renette Fourie, is in die wolke oor die skenking. \"Dit is 'n fantastiese gebaar,\" het sy gesê. \"Die kinders is almal van die plaasgemeenskap. Die kleurpotlode en pastelle is baie welkom, ons kan dit vir kuns gebruik.\"\nVir inligting stuur 'n e-pos aan lara.glenwood@gmail.com of kontak haar by 071 688 1046.\nThe learners at Dieprivier VGK Primary received knitted hoodies sent all the way from Uitenhage, writing boards and stationary.\nARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Potlode en pastelle die pad na háár hart", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-07 10:54:25+00:00
null
2016-09-07 11:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FSouthern-Cape-Business%2F171796%2FShell-Kraaibosch-in-Tokio-vereer.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160907-115103-643_u0.jpg
en
null
Shell Kraaibosch in Tokio vereer
null
null
www.georgeherald.com
Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks GEORGE NUUS - Shell Kraaibosch is by Shell Internasionaal se 'Smiling Stars 2016' in Tokio, Japan as een van Shell se goue handelaars van die jaar aangewys. Dit was vir eienaar Morné Strauss, 'n groot eer om as goue handelaar aangewys te word en Shell Kraaibosch is baie trots om die prestasie te bereik - slegs drie jaar vandat die vulstasie in George geopen het. Strauss is al 19 jaar in die brandstofbedryf en beskou die afgelope vyf jaar as 'n tyd waarin die bedryf baie verander het. Hy is ook opgewonde oor die toekoms van die bedryf. Strauss sê Shell Kraaibosch is gefokus op goeie dienslewering aan sy klante en streef daarna om 'n positiewe verskil aan elkeen se dag te maak. Die vulstasie verskaf ook rekeningfasiliteite vir George se vooraanstaande besighede. Strauss en sy personeel sê dankie aan al hulle lojale klante vir die ondersteuning die afgelope drie jaar. Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Die maatskappy is ook baie trots op die ander takke in Gauteng wat ook in dieselfde tyd uitsonderlik goed presteer het.
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/171796/Shell-Kraaibosch-in-Tokio-vereer
af
2016-09-07
www.georgeherald.com/308337982301aedf240bc0124fa3afe69d527f21ed280327c0cb2e850937e74c.json
[ "Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks\nGEORGE NUUS - Shell Kraaibosch is by Shell Internasionaal se 'Smiling Stars 2016' in Tokio, Japan as een van Shell se goue handelaars van die jaar aangewys.\nDit was vir eienaar Morné Strauss, 'n groot eer om as goue handelaar aangewys te word en Shell Kraaibosch is baie trots om die prestasie te bereik - slegs drie jaar vandat die vulstasie in George geopen het.\nStrauss is al 19 jaar in die brandstofbedryf en beskou die afgelope vyf jaar as 'n tyd waarin die bedryf baie verander het. Hy is ook opgewonde oor die toekoms van die bedryf.\nStrauss sê Shell Kraaibosch is gefokus op goeie dienslewering aan sy klante en streef daarna om 'n positiewe verskil aan elkeen se dag te maak. Die vulstasie verskaf ook rekeningfasiliteite vir George se vooraanstaande besighede.\nStrauss en sy personeel sê dankie aan al hulle lojale klante vir die ondersteuning die afgelope drie jaar.\nDie Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'\nDie maatskappy is ook baie trots op die ander takke in Gauteng wat ook in dieselfde tyd uitsonderlik goed presteer het.", "Shell Kraaibosch in Tokio vereer", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-22 05:53:29+00:00
null
2016-09-20 09:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F172648%2FGert-Vlok-Nel-pretensielose-loner.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160920-092051-951_u0.jpg
en
null
Gert Vlok Nel: pretensielose 'loner'
null
null
www.georgeherald.com
Gert in 'n tuin in Prins Albert waar hy Sondag saam met vriende gekuier het. Foto: Marlene Malan SUID-KAAP NUUS - Daar's weemoed in sy liedjies, so asof hy nie kan ophou verlang na dit wat verby is, na 'n klompie mense wat vooruit is nie. Dis hoe ek Gert Vlok Nel, digter, liedjieskrywer en swerwer, met sy vertoning Saterdagaand in The Showroom in Prins Albert ervaar het. Maar Sondagmiddag, toe ek en vriende saam met hom kuier, kom ek nader aan die gelukkige, diep tevrede mens. Die een wat weet wie hy is en waar hy vandaan kom. Wat hom nie doodbekommer oor môre nie, omdat hy weet nóú se geluk bepaal môre se leef. Ek leer ken die storieverteller, die fyn waarnemer, die man met 'n aweregse humorsin. Iemand wat wys hy gee om vir die mense naaste aan hom. Maar ook die uiters private mens wat nie aan sy binnegoed gekrap wil hê nie. Wat dit wat vir hom doodeenvoudig is nie ingewikkeld laat maak deur die wêreld en sy dinge nie. Oor sy onlangse Facebook-plasing, dat Theuns Jordaan sy Beautiful op Beaufort-Wes "gesteel" en hom selde erkenning gee as die skepper daarvan, vertel Gert hy was laat een aand net gatvol, toe skryf hy dit vir die wêreld om te sien; loop slaap toe. En die volgende oggend, toe sy vriendin die reaksie sien wat soos 'n orkaan woed, maak sy hom wakker met: "Gert, hier's groot k*k." Wat toe gebeur het, is heeltemal on-Gert. Sy privaatheid is binnegedring. Joernaliste het hom gejag tot op die plaas buite Tulbagh waar hy woon. 'n Slot wat hy aan die werfhek gaan vasknip het, is oopgeknip. Vir my was die onsinnigste ding wat die media kon doen, om lesers te vra om te kies: "Hou jy van Gert se weergawe of Theuns s'n?" Want Saterdagaand, met Gert se vertoning, en Sondag, onder 'n boom in 'n mooi tuin, besef ek: Theuns sou nooit Beautiful kon skryf nie. Daarvoor is die woorde té Gert Vlok Nel. En waar Gert dit heeltemal pretensieloos sing, net soos hy lag en praat en saam met pelle kuier, het Theuns 'n beat aan 'n bedaarde lied loop sit. Heel mooi, ja, maar on-Gert, on-Beautiful. Wat al hoe duideliker raak in ons drie uur lange kuier, is dat daar tussen die man op die verhoog die vorige aand en die man wat saam met ons sit en ginnegaap, geen verskil is nie. By Gert Vlok Nel bestaan daar nie iets soos 'n verhoogpersoonlikheid wat myle verwyder is van die man wat staaltjies vertel, lekker lag vir sy eie en vriende se stories nie. Dis een en dieselfde mens. Op die verhoog het hy vertel van die keer toe hy 'n "roadie" was vir Kris Kristofferson, toe dié die keer in Suid-Afrika kom optree het. Hy wat Gert is het vir hom die pos as die ster se toer-gesel beklink het met 'n brief aan die agent in hoogdrawende Afrikaans, een wat hy met "Hoogagtend die uwe, Gert" afgesluit het. Onder die boom vat hy die storie verder. Vertel dat die wêreldberoemde maar met drank gesukkel het, dat hy horingoud geword het. Dié ou wat eens die hunk van country was. Hy vertel van die kuier eenkeer by die natuurkenner Antoinette Pienaar van Beaufort-Wes waar hy was, toe twee verfynde mannetjies tot die gevolgtrekking gekom het dat die lewe maar om geld draai. "En seks," laat glip 'n bebrilde stywelip tantetjie, wat die hele dag nie 'n woord geuiter het nie. Ek laat Gert die storie twee keer vertel. En elke keer skater hy ewe hard as ek. 'n Goeie storie bly 'n goeie storie. Sy stories is liedjies sonder note. Sy liedjies is stories mét note. Oor doodgewone dinge. Hy sien alles raak. Soos "die peristaltiese bewegings wat blokkiesvloere maak". Daardie nag in 1984 toe Koos gesterf het, "het al die treine gaan staan". Saterdagaand het hy sy vertoning met dié lied geopen, meer as twaalf minute lank. Sondag besef ek – Koos-in-die-liedjie is Gert-onder-die boom – bullshit-loos en groupie-loos. ARTIKEL: MARLENE MALAN 'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus' En kort-kort raak sy vertellings aan die spoorweg, aan stasies en treine, soos die lied vir Koos du Plessis, Waarom ek roep na jou vanaand: "Koos, jy't gesing oor vroue, die see en die myne. Ek sing oor vroue, die see en treine."Jy daarenteen was bullshit-loos, KoosIllusieloos, haweloos, droomloos, tydloos,Groupie-loos, draadloos en heeltemal hopeloos.Jou liedjies was so hartverskeurend skoonTe skoon te skoon om in te woonHulle hoort nie in Afrika of hier êrens nieJou liedjies belong eintlik nêrens nie
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172648/Gert-Vlok-Nel-pretensielose-loner
af
2016-09-20
www.georgeherald.com/f3a4da1a88d136dc5e5ec04fccf2eec913a5f55acea4a3bcc41339253a146d99.json
[ "Gert in 'n tuin in Prins Albert waar hy Sondag saam met vriende gekuier het. Foto: Marlene Malan\nSUID-KAAP NUUS - Daar's weemoed in sy liedjies, so asof hy nie kan ophou verlang na dit wat verby is, na 'n klompie mense wat vooruit is nie.\nDis hoe ek Gert Vlok Nel, digter, liedjieskrywer en swerwer, met sy vertoning Saterdagaand in The Showroom in Prins Albert ervaar het.\nMaar Sondagmiddag, toe ek en vriende saam met hom kuier, kom ek nader aan die gelukkige, diep tevrede mens. Die een wat weet wie hy is en waar hy vandaan kom. Wat hom nie doodbekommer oor môre nie, omdat hy weet nóú se geluk bepaal môre se leef.\nEk leer ken die storieverteller, die fyn waarnemer, die man met 'n aweregse humorsin. Iemand wat wys hy gee om vir die mense naaste aan hom. Maar ook die uiters private mens wat nie aan sy binnegoed gekrap wil hê nie. Wat dit wat vir hom doodeenvoudig is nie ingewikkeld laat maak deur die wêreld en sy dinge nie.\nOor sy onlangse Facebook-plasing, dat Theuns Jordaan sy Beautiful op Beaufort-Wes \"gesteel\" en hom selde erkenning gee as die skepper daarvan, vertel Gert hy was laat een aand net gatvol, toe skryf hy dit vir die wêreld om te sien; loop slaap toe. En die volgende oggend, toe sy vriendin die reaksie sien wat soos 'n orkaan woed, maak sy hom wakker met: \"Gert, hier's groot k*k.\"\nWat toe gebeur het, is heeltemal on-Gert. Sy privaatheid is binnegedring. Joernaliste het hom gejag tot op die plaas buite Tulbagh waar hy woon. 'n Slot wat hy aan die werfhek gaan vasknip het, is oopgeknip.\nVir my was die onsinnigste ding wat die media kon doen, om lesers te vra om te kies: \"Hou jy van Gert se weergawe of Theuns s'n?\"\nWant Saterdagaand, met Gert se vertoning, en Sondag, onder 'n boom in 'n mooi tuin, besef ek: Theuns sou nooit Beautiful kon skryf nie. Daarvoor is die woorde té Gert Vlok Nel. En waar Gert dit heeltemal pretensieloos sing, net soos hy lag en praat en saam met pelle kuier, het Theuns 'n beat aan 'n bedaarde lied loop sit. Heel mooi, ja, maar on-Gert, on-Beautiful.\nWat al hoe duideliker raak in ons drie uur lange kuier, is dat daar tussen die man op die verhoog die vorige aand en die man wat saam met ons sit en ginnegaap, geen verskil is nie. By Gert Vlok Nel bestaan daar nie iets soos 'n verhoogpersoonlikheid wat myle verwyder is van die man wat staaltjies vertel, lekker lag vir sy eie en vriende se stories nie. Dis een en dieselfde mens.\nOp die verhoog het hy vertel van die keer toe hy 'n \"roadie\" was vir Kris Kristofferson, toe dié die keer in Suid-Afrika kom optree het. Hy wat Gert is het vir hom die pos as die ster se toer-gesel beklink het met 'n brief aan die agent in hoogdrawende Afrikaans, een wat hy met \"Hoogagtend die uwe, Gert\" afgesluit het. Onder die boom vat hy die storie verder. Vertel dat die wêreldberoemde maar met drank gesukkel het, dat hy horingoud geword het. Dié ou wat eens die hunk van country was.\nHy vertel van die kuier eenkeer by die natuurkenner Antoinette Pienaar van Beaufort-Wes waar hy was, toe twee verfynde mannetjies tot die gevolgtrekking gekom het dat die lewe maar om geld draai. \"En seks,\" laat glip 'n bebrilde stywelip tantetjie, wat die hele dag nie 'n woord geuiter het nie. Ek laat Gert die storie twee keer vertel. En elke keer skater hy ewe hard as ek. 'n Goeie storie bly 'n goeie storie.\nSy stories is liedjies sonder note. Sy liedjies is stories mét note. Oor doodgewone dinge. Hy sien alles raak. Soos \"die peristaltiese bewegings wat blokkiesvloere maak\".\nDaardie nag in 1984 toe Koos gesterf het, \"het al die treine gaan staan\".\nSaterdagaand het hy sy vertoning met dié lied geopen, meer as twaalf minute lank.\nSondag besef ek – Koos-in-die-liedjie is Gert-onder-die boom – bullshit-loos en groupie-loos.\nARTIKEL: MARLENE MALAN\n'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'\nEn kort-kort raak sy vertellings aan die spoorweg, aan stasies en treine, soos die lied vir Koos du Plessis, Waarom ek roep na jou vanaand: \"Koos, jy't gesing oor vroue, die see en die myne. Ek sing oor vroue, die see en treine.\"Jy daarenteen was bullshit-loos, KoosIllusieloos, haweloos, droomloos, tydloos,Groupie-loos, draadloos en heeltemal hopeloos.Jou liedjies was so hartverskeurend skoonTe skoon te skoon om in te woonHulle hoort nie in Afrika of hier êrens nieJou liedjies belong eintlik nêrens nie", "Gert Vlok Nel: pretensielose 'loner'", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-06 08:53:44+00:00
null
2016-09-06 10:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F171726%2FHoofstraat-is-hotel-vir-trokke.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160906-105312-170_u0.jpg
en
null
Hoofstraat is hotel vir trokke
null
null
www.georgeherald.com
Baie inwoners in Dormehlsdrift is ongelukkig oor die vragmotors wat in Yorkstraat oornag. Foto's: verskaf GEORGE NUUS - George-verkeer het hul visier op swaarvragmotors wat onwettig in die dorp se sakekern oornag. Volgens dié departement het hulle die afgelope drie maande gereageer op klagtes van die publiek oor groot vragmotors wat in George se hoofstraat, Yorkstraat, vir die aand parkeer. Inwoners kla dat die vragmotors nie alleen 'n konstante gedreun veroorsaak nie, maar dat dit ook 'n toename in prostitusie in die middedorp veroorsaak. "George-verkeersdienste beloof ook om hul optredes te verskerp sodra ‘n klagte aangemeld word," het Debra Sauer, assistent mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit, gesê. "Die kwessie van 'geen oornag' bordjies sal ondersoek word." 'n Inwoner van Dormehlsdrift, wat die situasie onder George Herald se aandag gebring het, sê hy is bekommerd oor die trokke se sosiale impak. Volgens die man, wat anoniem wil bly, het die situasie oor die afgelope paar maande drasties versleg. "Ek wil nie hê die fokus moet nou op die prostitute wees nie, maar daar moet eerder planne gemaak word om die vragmotors te belet om langs die pad te oornag," het hy gesê. "In Knysnaweg is daar munisipale borde wat 'No overnighting' aandui, asook op die pad na Oudtshoorn (N9). Hoekom kan hulle dit nie in Yorkstaat doen nie?" Nog twee inwoners wat ook hul stemme by die beswaardes wil voeg het die George Herald gekontak. Die inwoners, wat ook anoniem wil bly, het gesê daar is baie ander inwoners in Dormehlsdrift wat ongelukkig is oor die situasie. * George Traffic has their sight on heavy motor vehicles that overnight illegally in the town's business district. According to the department they dealt with complaints from the public regarding this issue over the last three months. They undertook to investigate the issue of "no overnighting" signs in York Street. A resident in Dormehlsdrift says not only does the trucks cause constant noise in the area, but it also stimulates prostitution. He asks that the George Municipality erect 'no overnighting' signs like they've done in Knysna Road and the N9 leading to Oudtshoorn. Groot vragmotors oornag gereeld in Yorkstraat. ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Hy sê dat die koel kompressors dwarsdeur die nag aan- en afskakel, asook die verhitters om die kajuit binne die vragmotor te verwarm. "Daar is baie woonstelle naby Yorkstraat. Dit is 'n voortdurende steurnis."
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171726/Hoofstraat-is-hotel-vir-trokke
af
2016-09-06
www.georgeherald.com/863597448d2dc7d5da18beaa86c944c41c1d0b4a384b47799648a9512fc883f5.json
[ "Baie inwoners in Dormehlsdrift is ongelukkig oor die vragmotors wat in Yorkstraat oornag. Foto's: verskaf\nGEORGE NUUS - George-verkeer het hul visier op swaarvragmotors wat onwettig in die dorp se sakekern oornag.\nVolgens dié departement het hulle die afgelope drie maande gereageer op klagtes van die publiek oor groot vragmotors wat in George se hoofstraat, Yorkstraat, vir die aand parkeer.\nInwoners kla dat die vragmotors nie alleen 'n konstante gedreun veroorsaak nie, maar dat dit ook 'n toename in prostitusie in die middedorp veroorsaak.\n\"George-verkeersdienste beloof ook om hul optredes te verskerp sodra ‘n klagte aangemeld word,\" het Debra Sauer, assistent mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit, gesê. \"Die kwessie van 'geen oornag' bordjies sal ondersoek word.\"\n'n Inwoner van Dormehlsdrift, wat die situasie onder George Herald se aandag gebring het, sê hy is bekommerd oor die trokke se sosiale impak. Volgens die man, wat anoniem wil bly, het die situasie oor die afgelope paar maande drasties versleg. \"Ek wil nie hê die fokus moet nou op die prostitute wees nie, maar daar moet eerder planne gemaak word om die vragmotors te belet om langs die pad te oornag,\" het hy gesê.\n\"In Knysnaweg is daar munisipale borde wat 'No overnighting' aandui, asook op die pad na Oudtshoorn (N9). Hoekom kan hulle dit nie in Yorkstaat doen nie?\"\nNog twee inwoners wat ook hul stemme by die beswaardes wil voeg het die George Herald gekontak. Die inwoners, wat ook anoniem wil bly, het gesê daar is baie ander inwoners in Dormehlsdrift wat ongelukkig is oor die situasie.\n* George Traffic has their sight on heavy motor vehicles that overnight illegally in the town's business district. According to the department they dealt with complaints from the public regarding this issue over the last three months. They undertook to investigate the issue of \"no overnighting\" signs in York Street. A resident in Dormehlsdrift says not only does the trucks cause constant noise in the area, but it also stimulates prostitution. He asks that the George Municipality erect 'no overnighting' signs like they've done in Knysna Road and the N9 leading to Oudtshoorn.\nGroot vragmotors oornag gereeld in Yorkstraat.\nARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'\nHy sê dat die koel kompressors dwarsdeur die nag aan- en afskakel, asook die verhitters om die kajuit binne die vragmotor te verwarm. \"Daar is baie woonstelle naby Yorkstraat. Dit is 'n voortdurende steurnis.\"", "Hoofstraat is hotel vir trokke", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-29 10:07:27+00:00
null
null
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fviewblog%2F1635%2FBlywende-krag.json
http://www.georgeherald.com/viewblog/1635/favicon.ico
en
null
null
null
null
www.georgeherald.com
Blywende krag oorkom misverstande en verwerping. Soms sal die mense waarop jy staatmaak om jou te ondersteun, eintlik probeer om jou te ondergrawe. Wanneer God jou 'n visie gee wat te groot is vir hulle om te hanteer, sal hulle sê, 'Jy raak te groot vir jou skoene' en dan probeer om jou af te trek na hulle vlak toe. Josef se broers het hom as slaaf verkoop, en toe huis toe gegaan en vir hulle pa gesê dat hy deur 'n wilde dier doodgemaak is. Kan jy jou indink hoe Josef gevoel het as iemand hom oor sy familie uitgevra het? Generaal Dwight D. Eisenhower het gesê, 'Daar is geen oorwinning wat 'n winskopie is nie.' Dit is hartseer dat verraad net so dikwels in die kerk as in sekulêre gemeenskappe plaasvind. Toe Charles Spurgeon in sy vroeë twintigs was, was die groepe wat na sy preke kom luister het, so groot dat die kerkgebou hulle nie kon akkommodeer nie. Hy het toe met dertig van sy kerkleiers ontmoet en voorgestel dat hulle 'n ouditorium met 5,500 sitplekke bou. Hy het glo vir hulle gesê dat enigeen wat die moontlikheid om dit te doen betwyfel, die vergadering moet verlaat. Drie-en-twintig kerkleiers het opgestaan en uitgestap! Spurgeon het egter getrou aan die visie wat God vir hom gegee het, gebly. Hy het dit deurgesien, en vir meer as vyf-en-dertig jaar het skares die Metropolitan Tabernacle oggend en aand vol gepak, wat dit een van die invloedrykste kerke in die geskiedenis gemaak het. Het jy enige riviere wat te diep is om te oorkom? Enige berge waaroor jy nie kan klim nie? God spesialiseer in dinge wat onmoontlik lyk; Hy kan doen wat niemand anders kan nie. Genesis 37:5 NLVSielskos: Jes 41-42; Fil 2
http://www.georgeherald.com/viewblog/1635/Blywende-krag
af
2016-9-01
www.georgeherald.com/8da2503dc93d9e39131f912f68477d9882feb6dc7eed426c7d78c9a05d1ed9a3.json
[ "Blywende krag oorkom misverstande en verwerping. Soms sal die mense waarop jy staatmaak om jou te ondersteun, eintlik probeer om jou te ondergrawe. Wanneer God jou 'n visie gee wat te groot is vir hulle om te hanteer, sal hulle sê,\n'Jy raak te groot vir jou skoene' en dan probeer om jou af te trek na hulle vlak toe. Josef se broers het hom as slaaf verkoop, en toe huis toe gegaan en vir hulle pa gesê dat hy deur 'n wilde dier doodgemaak is. Kan jy jou indink hoe Josef gevoel het as iemand hom oor sy familie uitgevra het? Generaal Dwight D. Eisenhower het gesê, 'Daar is geen oorwinning wat 'n winskopie is nie.'\nDit is hartseer dat verraad net so dikwels in die kerk as in sekulêre gemeenskappe plaasvind. Toe Charles Spurgeon in sy vroeë twintigs was, was die groepe wat na sy preke kom luister het, so groot dat die kerkgebou hulle nie kon akkommodeer nie. Hy het toe met dertig van sy kerkleiers ontmoet en voorgestel dat hulle 'n ouditorium met 5,500 sitplekke bou.\nHy het glo vir hulle gesê dat enigeen wat die moontlikheid om dit te doen betwyfel, die vergadering moet verlaat. Drie-en-twintig kerkleiers het opgestaan en uitgestap! Spurgeon het egter getrou aan die visie wat God vir hom gegee het, gebly. Hy het dit deurgesien, en vir meer as vyf-en-dertig jaar het skares die Metropolitan Tabernacle oggend en aand vol gepak, wat dit een van die invloedrykste kerke in die geskiedenis gemaak het. Het jy enige riviere wat te diep is om te oorkom?\nEnige berge waaroor jy nie kan klim nie? God spesialiseer in dinge wat onmoontlik lyk; Hy kan doen wat niemand anders kan nie.\nGenesis 37:5 NLVSielskos: Jes 41-42; Fil 2", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-16 13:32:08+00:00
null
2016-09-13 11:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F172148%2FGeorgiet-neem-wenfoto.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160913-115100-832_u0.jpg
en
null
Georgiet neem wenfoto
null
null
www.georgeherald.com
Leana Wentzel GEORGE NUUS - 'n Georgiet, Leana Wentzel (53) is een van die kategoriewenners in die 'Hoe lyk jou Afrikaans?'-kompetisie van Afrikaans.com. Sy het die wenfoto, My Afrikaans is rotsvas ingestuur. Wentzel het meer as 2 600 stemme ontvang vir haar inskrywing. Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor deelgeneem aan die kompetisie. Amper 20 000 stemme is uitgebring vir die inskrywings in drie kategorieë. "Vir deelnemers was hierdie duidelik 'n hartsaak en beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys. Wenners ontvang elk R2 000 en dring deur tot die finale ronde vir die groot prys van R10 000," sê Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com se redaksie. Wentzel sê: "Ek is maar net 'n gewone mens wat na aan die natuur leef, want daar ontdek jy jou gawes ..." Sy is gebore en getoë op Onseepkans langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap. In een van haar ander inskrywings beskryf sy dit so: "Loslippig soos 'n bloedrooi ryp Klondike waatlemoen, soet, sappig en koel oppie tong. So vrugbaar en ryk soos die slikgrond wanneer die Oranjerivier sy walle oorstroom, só is my taal Afrikaans! Ryk en wragtig lekker ... ' n nedersetting, genaamd Onseepkans, doer aan die anderkant van die land lê na aan my hart. Gebore en getoë in daai geweste. Daar leef my taal. My opgroeijare was koesterjare en so stap Afrikaans saam met my tree vir tree tot waar ek nou is." Leana woon tans in George saam met haar man, Johan en hul twee kinders, Johannes en Elana. Sy sê haar liefde vir Afrikaans lê in die gene. "My pa Jannie, wat kon gesels met smaak en my ma Jacoba, 'n voorslagbakster wat beide uit gesinne met 12 kinders kom, het my taal diep geplant. Ons het die taal voluit geleef en horend gepraat." "Ek het soveel onthougoed en hierdie kompetisie het my die kans gegee om dit neer te skryf, uit te beeld en aan te gee. Dis net die begin en beslis die teken waarop ek al lank wag. Ontdek jouself, delf diep, vind jou innerlike geestelike kern en pen dit neer ... in Afrikaans." Leana se wenfoto getiteld My Afrikaans is rotsvas. 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172148/Georgiet-neem-wenfoto
af
2016-09-13
www.georgeherald.com/1073bc2a29300b19af7de6a5c93b7e628ce00967487447282ee4f70f06071bf0.json
[ "Leana Wentzel\nGEORGE NUUS - 'n Georgiet, Leana Wentzel (53) is een van die kategoriewenners in die 'Hoe lyk jou Afrikaans?'-kompetisie van Afrikaans.com.\nSy het die wenfoto, My Afrikaans is rotsvas ingestuur. Wentzel het meer as 2 600 stemme ontvang vir haar inskrywing.\nMeer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor deelgeneem aan die kompetisie. Amper 20 000 stemme is uitgebring vir die inskrywings in drie kategorieë.\n\"Vir deelnemers was hierdie duidelik 'n hartsaak en beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys. Wenners ontvang elk R2 000 en dring deur tot die finale ronde vir die groot prys van R10 000,\" sê Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com se redaksie.\nWentzel sê: \"Ek is maar net 'n gewone mens wat na aan die natuur leef, want daar ontdek jy jou gawes ...\"\nSy is gebore en getoë op Onseepkans langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap. In een van haar ander inskrywings beskryf sy dit so: \"Loslippig soos 'n bloedrooi ryp Klondike waatlemoen, soet, sappig en koel oppie tong. So vrugbaar en ryk soos die slikgrond wanneer die Oranjerivier sy walle oorstroom, só is my taal Afrikaans!\nRyk en wragtig lekker ... ' n nedersetting, genaamd Onseepkans, doer aan die anderkant van die land lê na aan my hart. Gebore en getoë in daai geweste. Daar leef my taal. My opgroeijare was koesterjare en so stap Afrikaans saam met my tree vir tree tot waar ek nou is.\"\nLeana woon tans in George saam met haar man, Johan en hul twee kinders, Johannes en Elana. Sy sê haar liefde vir Afrikaans lê in die gene. \"My pa Jannie, wat kon gesels met smaak en my ma Jacoba, 'n voorslagbakster wat beide uit gesinne met 12 kinders kom, het my taal diep geplant. Ons het die taal voluit geleef en horend gepraat.\"\n\"Ek het soveel onthougoed en hierdie kompetisie het my die kans gegee om dit neer te skryf, uit te beeld en aan te gee. Dis net die begin en beslis die teken waarop ek al lank wag. Ontdek jouself, delf diep, vind jou innerlike geestelike kern en pen dit neer ... in Afrikaans.\"\nLeana se wenfoto getiteld My Afrikaans is rotsvas.\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Georgiet neem wenfoto", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-14 12:58:43+00:00
null
2016-09-14 13:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F172294%2FJan-Braai-kuier-op-Wilderness.json
http://www.georgeherald.com/img/ghnwtn20160914-130821-255_u0.jpg
en
null
Jan Braai kuier op Wilderness
null
null
www.georgeherald.com
Jan Braai by Ebb & Flow. Foto: Karma Pienaar. GEORGE NUUS & VIDEO - Met Nasionale Braaidag, oftewel Erfenisdag, net om die draai op Saterdag 24 September, het Jan Braai en sowat 200 deelnemers aan die Nasionale Braai-toer solank voorbrand gemaak en van Kaapstad tot in Port Elizabeth 'n vleisie op die kole gesit. Dié toergroep het gister Dinsdag 13 September hulle tente by Wilderness Nasionale Park Ebb & Flow opgeslaan, op die vierde dag van hul week lange toer. Dit is die derde jaar wat die braaitoer onderneem word en lok baie belangstelling landswyd. Vanjaar het 'n Duitse span ook by die ander 39 spanne aangesluit. Die inisiatief wil Suid-Afrikaners bewus maak van hul erfenis, en mense saamsnoer om 'n braaivuur. "Die braai is absoluut uniek aan Suid-Afrika," het Jan Braai gesê. "'n Braai in die Vrystaat is 'n braai in Soweto. Jy kan die rook enige plek ruik oor die naweek, waar jy ook al gaan. Ons wil graag samehorigheid skep en mense dwarsoor die land om 'n vuur verenig." Volgens 'n Kaapse deelnemer wat die toer elke jaar mee maak, Hendrien van der Schyff, is dit 'n wonderlike manier om nuwe mense te ontmoet, plekke te sien en die land se erfenis te leer ken. Herman Solomon, een van haar spanmaats in die span, Vetpret, het die opvoedkundige waarde beklemtoon. "Jy leer baie op so 'n trippie," het hy gesê. Jan Braai se woordvoerder, David Moseley, het 'n staaltjie vertel van die Duitse span wat op die eerste aand in Kaap Agulhas sommer die T-been biefstukke direk op die as en kole gooi. By navraag het die span egter voet by stuk gehou dit is hoe die ding gedoen moet word, want hulle leer van die eerste braaiers in Suid-Afrika wat hulle vleis só in hul grotte gaar gemaak het. Die toer het begin by Kaap Agulhas, daarna het hulle by die Kam'Bati Rivieroord in Swellendam oornag, op dag drie het die groep Calitzdorp Spa besoek, met Wilderness Nasionale Park volgende aan die beurt. Vanaf Wilderness reis hulle na Keurboomstrand, en eindig die toer op 17 September in Port Elizabeth en die Addo Olifantpark. 'n Marimba-musiekgroep het al die pad van Kaapstad saamgereis om te sorg vir 'n feestelike atmosfeer. Die vleis en hout toer saam in trokke van die onderskeie borge Karan Beef en Try Me! Braaihout. Kyk hieronder na 'n video-onderhoud met Jan Braai: Jan Braai (middel) saam met die Kaapse span Vetpret. Van links is Hendrien en Lucas van der Schyff, Jan Braai, Herman Solomon en Martin Smith. Dit is hoe ons rol! Jan Braai vermaak 'n fotograaf tydens die Nasionale Braai-toer se besoek aan Wilderness Nasionale Park. Foto: Michelle Pienaar ARTIKEL, FOTO'S EN VIDEO: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/172294/Jan-Braai-kuier-op-Wilderness
af
2016-09-14
www.georgeherald.com/fefd10078ecf8f4c9af4c14bb88ca3c3defc10ad7646c54da193aa6a9f2ab78d.json
[ "Jan Braai by Ebb & Flow. Foto: Karma Pienaar.\nGEORGE NUUS & VIDEO - Met Nasionale Braaidag, oftewel Erfenisdag, net om die draai op Saterdag 24 September, het Jan Braai en sowat 200 deelnemers aan die Nasionale Braai-toer solank voorbrand gemaak en van Kaapstad tot in Port Elizabeth 'n vleisie op die kole gesit.\nDié toergroep het gister Dinsdag 13 September hulle tente by Wilderness Nasionale Park Ebb & Flow opgeslaan, op die vierde dag van hul week lange toer.\nDit is die derde jaar wat die braaitoer onderneem word en lok baie belangstelling landswyd. Vanjaar het 'n Duitse span ook by die ander 39 spanne aangesluit.\nDie inisiatief wil Suid-Afrikaners bewus maak van hul erfenis, en mense saamsnoer om 'n braaivuur. \"Die braai is absoluut uniek aan Suid-Afrika,\"\nhet Jan Braai gesê. \"'n Braai in die Vrystaat is 'n braai in Soweto. Jy kan die rook enige plek ruik oor die naweek, waar jy ook al gaan. Ons wil graag samehorigheid skep en mense dwarsoor die land om 'n vuur verenig.\"\nVolgens 'n Kaapse deelnemer wat die toer elke jaar mee maak, Hendrien van der Schyff, is dit 'n wonderlike manier om nuwe mense te ontmoet, plekke te sien en die land se erfenis te leer ken. Herman Solomon, een van haar spanmaats in die span, Vetpret, het die opvoedkundige waarde beklemtoon. \"Jy leer baie op so 'n trippie,\" het hy gesê.\nJan Braai se woordvoerder, David Moseley, het 'n staaltjie vertel van die Duitse span wat op die eerste aand in Kaap Agulhas sommer die T-been biefstukke direk op die as en kole gooi. By navraag het die span egter voet by stuk gehou dit is hoe die ding gedoen moet word, want hulle leer van die eerste braaiers in Suid-Afrika wat hulle vleis só in hul grotte gaar gemaak het.\nDie toer het begin by Kaap Agulhas, daarna het hulle by die Kam'Bati Rivieroord in Swellendam oornag, op dag drie het die groep Calitzdorp Spa besoek, met Wilderness Nasionale Park volgende aan die beurt. Vanaf Wilderness reis hulle na Keurboomstrand, en eindig die toer op 17 September in Port Elizabeth en die Addo Olifantpark.\n'n Marimba-musiekgroep het al die pad van Kaapstad saamgereis om te sorg vir 'n feestelike atmosfeer. Die vleis en hout toer saam in trokke van die onderskeie borge Karan Beef en Try Me! Braaihout.\nKyk hieronder na 'n video-onderhoud met Jan Braai:\nJan Braai (middel) saam met die Kaapse span Vetpret. Van links is Hendrien en Lucas van der Schyff, Jan Braai, Herman Solomon en Martin Smith.\nDit is hoe ons rol! Jan Braai vermaak 'n fotograaf tydens die Nasionale Braai-toer se besoek aan Wilderness Nasionale Park. Foto: Michelle Pienaar\nARTIKEL, FOTO'S EN VIDEO: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Jan Braai kuier op Wilderness", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-16 07:00:01+00:00
null
2016-09-15 10:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F172396%2FAfrikaanse-musiek-kraai-koning.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160915-102923-305_u0.jpg
en
null
Afrikaanse musiek kraai koning
null
null
www.georgeherald.com
Joe Voster en Johan C Venter is vanaand te siene by die Bravo Lounge. SUID-KAAP NUUS - Aanhangers van gewilde Afrikaanse musikante, Joe Voster en Johan C Venter, is in vir vermaak uit die boonste rakke dié September. As deel van hul Hartklank Toer, beoog Joe en Johan om die Garden Route Casino se Bravo Lounge aan die brand te sing vir slegs een aand,Vrydag, 16 September. "Tussen Joe en Johan is daar 'n rykdom van talent, en ons kan nie wag om hulle hier te ontvang nie. Joe is so gemaklik agter die klavier as wat hy agter die mikrofoon is, terwyl Johan C se lirieke en stem die vermoë het om gehore behoorlik te bekoor," sê Karen Johnstone, Garden Route Casino se Bemarkingsbestuurder. Die vertoning begin 20:00 en kaartjies is R100, beskikbaar by Shoprite Checkers, Computicket, Garden Route Casino se kontanttoonbank of by www.gardenroutecasino.co.za Tsogo Sun-beloningskaarthouers kwalifiseer ook vir afslag op die vertoning; 20% vir swartkaarthouers, 15% vir platinumkaarthouers en 10% vir gouekaarthouers. Vir meer inligting, besoek gerus www.gardenroutecasino.co.za 'We bring you the latest Garden Roue, Klein Karoo, Hessequa news'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172396/Afrikaanse-musiek-kraai-koning
af
2016-09-15
www.georgeherald.com/7cc5a652ff6479394167b861a77dfc7d977516dca5d3cced6b226983b3088934.json
[ "Joe Voster en Johan C Venter is vanaand te siene by die Bravo Lounge.\nSUID-KAAP NUUS - Aanhangers van gewilde Afrikaanse musikante, Joe Voster en Johan C Venter, is in vir vermaak uit die boonste rakke dié September.\nAs deel van hul Hartklank Toer, beoog Joe en Johan om die Garden Route Casino se Bravo Lounge aan die brand te sing vir slegs een aand,Vrydag, 16 September.\n\"Tussen Joe en Johan is daar 'n rykdom van talent, en ons kan nie wag om hulle hier te ontvang nie. Joe is so gemaklik agter die klavier as wat hy agter die mikrofoon is, terwyl Johan C se lirieke en stem die vermoë het om gehore behoorlik te bekoor,\" sê Karen Johnstone, Garden Route Casino se Bemarkingsbestuurder.\nDie vertoning begin 20:00 en kaartjies is R100, beskikbaar by Shoprite Checkers, Computicket, Garden Route Casino se kontanttoonbank of by www.gardenroutecasino.co.za\nTsogo Sun-beloningskaarthouers kwalifiseer ook vir afslag op die vertoning; 20% vir swartkaarthouers, 15% vir platinumkaarthouers en 10% vir gouekaarthouers.\nVir meer inligting, besoek gerus www.gardenroutecasino.co.za\n'We bring you the latest Garden Roue, Klein Karoo, Hessequa news'", "Afrikaanse musiek kraai koning", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-29 06:05:41+00:00
null
2016-09-27 11:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F173153%2FMarie-Stander-se-kuns-maak-n-verskil.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160927-115016-375_u0.jpg
en
null
Marié Stander se kuns maak 'n verskil
null
null
www.georgeherald.com
Marié Stander (beter bekend in George as Marié van Reenen en voormalige Kwagga-leerder) woon in Jamestown buite Stellenbosch, waar sy die kleurvolle karakters vind wat haar pragtige kuns inspireer. Foto's: André Visser GEORGE NUUS - Toe die bekende kunstenares in fynere kuns en oud-Kwagga-leerder Marié Stander, haar argitek man Rick (ook 'n oud-Kwagga) en hul twee seuns Lukas en Simon hul gevestig het in Jamestown net buite Stellenbosch, het hulle dit gedoen vir 'n goeie rede. Hulle wou 'n verskil maak aan die gemeenskap, en ook deel wees van die klein dorpie en sy inwoners. Marié ken elkeen van die kleurvolle karakters van die dorp, en haar portretwerk is deur hulle geïnspireer. Sy loop dikwels van die interessante mense raak tydens haar daaglikse wandeling deur die dorp. Marié is die dogter van wyle dr. Jacob van Reenen, wat jare lank 'n baie bekende tandarts in George was. Tydens 'n onderhoud met Kwêla verlede Woensdag het sy verduidelik dat wanneer sy die houtskool portretsketse en skilderwerk doen, sy reeds haar model se lief en leed ken, en dit wys ook in die swaarkrylyne van hul gesigte. Een van haar kenmerkende houtskool en ink portrette getitel Pepsi met harlekynkraag was deel van die 40 Sanlam SPI Portret-toekennings 2015 finaliste wat die ronde deur die land gedoen het, en verlede week by die George-museum tot 'n einde gekom het. Haar skoonmoeder Magriet Stander was ongetwyfeld daar om dit te besigtig en te bewonder. Marié is 'n goeie tydbestuurder, want afgesien daarvan dat sy pragwerke in alle mediums produseer, het sy ook 'n kunsskool met 70 leerlinge in Stellenbosch wat gereeld uitstallings van hoogstaande skilderwerk hou. "Ons jaarlikse veiling van kunswerke se opbrengste is vir minderbevoorregte kinders in 'n opvoedkundige hoedanigheid in en om Stellenbosch." Dan het sy boonop ook twee boeke in druk oor haar werk. Onse mense I en II wat haar portretsketse bevat, elk met 'n gepaste gedig spesiaal geskep vir elke kunswerk deur 'n verskeidenheid bekende digters van Suid-Afrika wat gepubliseer is deur CTP Publishers. "Die nood in ons dorpie is maar altyd hoog en die fondse kan darem bydra tot die opvoeding van die kinders." Sy het 'n bepaalde metodiek wat sy oordra aan haar studente, wat hul waarneming verhoog, en die hele proses ook vergemaklik, vertel die vrou wat gevonkel het op kykNet se Kwêla-program verlede week. ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173153/Marie-Stander-se-kuns-maak-n-verskil
af
2016-09-27
www.georgeherald.com/8446047c6335d65aa7b5d42fb0b10009a42b8bd8e61fcfcfd6fe110a0712db4e.json
[ "Marié Stander (beter bekend in George as Marié van Reenen en voormalige Kwagga-leerder) woon in Jamestown buite Stellenbosch, waar sy die kleurvolle karakters vind wat haar pragtige kuns inspireer. Foto's: André Visser\nGEORGE NUUS - Toe die bekende kunstenares in fynere kuns en oud-Kwagga-leerder Marié Stander, haar argitek man Rick (ook 'n oud-Kwagga) en hul twee seuns Lukas en Simon hul gevestig het in Jamestown net buite Stellenbosch, het hulle dit gedoen vir 'n goeie rede.\nHulle wou 'n verskil maak aan die gemeenskap, en ook deel wees van die klein dorpie en sy inwoners. Marié ken elkeen van die kleurvolle karakters van die dorp, en haar portretwerk is deur hulle geïnspireer.\nSy loop dikwels van die interessante mense raak tydens haar daaglikse wandeling deur die dorp. Marié is die dogter van wyle dr. Jacob van Reenen, wat jare lank 'n baie bekende tandarts in George was. Tydens 'n onderhoud met Kwêla verlede Woensdag het sy verduidelik dat wanneer sy die houtskool portretsketse en skilderwerk doen, sy reeds haar model se lief en leed ken, en dit wys ook in die swaarkrylyne van hul gesigte.\nEen van haar kenmerkende houtskool en ink portrette getitel Pepsi met harlekynkraag was deel van die 40 Sanlam SPI Portret-toekennings 2015 finaliste wat die ronde deur die land gedoen het, en verlede week by die George-museum tot 'n einde gekom het. Haar skoonmoeder Magriet Stander was ongetwyfeld daar om dit te besigtig en te bewonder.\nMarié is 'n goeie tydbestuurder, want afgesien daarvan dat sy pragwerke in alle mediums produseer, het sy ook 'n kunsskool met 70 leerlinge in Stellenbosch wat gereeld uitstallings van hoogstaande skilderwerk hou. \"Ons jaarlikse veiling van kunswerke se opbrengste is vir minderbevoorregte kinders in 'n opvoedkundige hoedanigheid in en om Stellenbosch.\"\nDan het sy boonop ook twee boeke in druk oor haar werk. Onse mense I en II wat haar portretsketse bevat, elk met 'n gepaste gedig spesiaal geskep vir elke kunswerk deur 'n verskeidenheid bekende digters van Suid-Afrika wat gepubliseer is deur CTP Publishers.\n\"Die nood in ons dorpie is maar altyd hoog en die fondse kan darem bydra tot die opvoeding van die kinders.\" Sy het 'n bepaalde metodiek wat sy oordra aan haar studente, wat hul waarneming verhoog, en die hele proses ook vergemaklik, vertel die vrou wat gevonkel het op kykNet se Kwêla-program verlede week.\nARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Marié Stander se kuns maak 'n verskil", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-21 14:18:30+00:00
null
null
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fviewblog%2F1630%2FRed-7-lewens.json
http://www.georgeherald.com/viewblog/1630/favicon.ico
en
null
null
null
null
www.georgeherald.com
Orgaanskenking is ‘n sensitiewe, maar ‘n belangrike saak wat lewens kan red. Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe nog vier. Met kornea, vel, been en hartkleppe kan jy 'n verdere 50 lewens red... mits jy al geregistreer het as orgaanskenker. In 2012 voer ek 'n onderhoud met Carina van Nierop (19) en haar familie. Sy het sedert 2011 gewag op 'n hart-dubbel-longoorplanting, maar het op 6 Januarie 2013 haar stryd verloor teen die seldsame siekte, Mediastinale Fibrose en Pulmonale Hipertensie. Toe Carina se storie my pad gekruis het, het ek besluit om as orgaanskenker te registreer. Sedertdien het Albertus Scholtz (reeds 20 jaar 'n hartoorplanting ontvanger), Frans de Beer, asook Tommie en Valerie Prins se stories ook uit my pen gevloei. Albertus woon op Stilbaai en is 'n hartoorplanting-pasiënt. In 2013 was sy hart 20 jaar oud en sy gesondheid goed. Op 22 Junie 1993 het hy 'n tweede lewe ontvang na 'n volledige hartoorplanting wat in 'n sewe uur operasie in die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplant is. Tommie en Valerie se storie lees soos 'n liefdesverhaal uit sprokiesboeke. Die egpaar is 'n uitsondering en is hul liefde en deursettingsvermoë tot die uiterste beproef toe hy met kategorie 5 nierversaking gediagnoseer is en 'n nieroorplanting benodig het. Sy het nie gehuiwer nie. Wonder bo wonder was sy 'n geskikte skenker en het sy 'n nier aan hom geskenk tydens 'n operasie in Kaapstad. Vandag gaan dit goed met altwee en is beide gesond. Alle orgaanskenkings word hanteer deur die Stigting vir Orgaanskenking en hul koördineerders wat met orgaanontvangers- en skenkers werk. Jy kan nie jou organe aan ‘n spesifieke persoon skenk nie (behalwe lewendige skenkings soos niere) of orgaanwerwing vir jouself doen nie. Orgaan oorplanting is vandag ‘n baie suksesvolle prosedure en word as roetine gesien. Altesaam 21 verskillende organe en weefsel word daagliks suksesvol oorgeplant. Orgaanontvangers kan verwag om jare by hul leeftyd te voeg nadat dit ontvang is. Alhoewel daar met rasse skrede vordering gemaak is met orgaanoorplanting, is organe steeds skaars en mense skepties om skenkers te word. Frans (48) is op 16 Junie 2014 oorlede aan nierversaking. Alhoewel hy wel 'n orgaan vanaf sy suster kon kry vir 'n nieroorplanting, het sy hart te veel skade opgedoen vir so 'n operasie. Hierna is beide sy bene geamputeer weens swak bloedsomloop en kon hy ook nie kunsbene ontvang nie. Regdeur al die beproewing was hy altyd positief.Indien jy meer wil uitvind oor hoe om 'n weefselskenker te word, kan jy die Nasionale Weefselbank tolvry by 0800 872663 of die Orgaanskenkingstigting tolvry by 0800 22 6611 skakel. Nasionale orgaanskenkingstigting se webwerf by www.odf.org.za
http://www.georgeherald.com/viewblog/1630/Red-7-lewens
af
2016-9-01
www.georgeherald.com/bfcc76ddbe8daee9bba1eecc8008c5f2d2e07b9aad455c96ea874e1617af3fa4.json
[ "Orgaanskenking is ‘n sensitiewe, maar ‘n belangrike saak wat lewens kan red. Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe nog vier. Met kornea, vel, been en hartkleppe kan jy 'n verdere 50 lewens red... mits jy al geregistreer het as orgaanskenker.\nIn 2012 voer ek 'n onderhoud met Carina van Nierop (19) en haar familie. Sy het sedert 2011 gewag op 'n hart-dubbel-longoorplanting, maar het op 6 Januarie 2013 haar stryd verloor teen die seldsame siekte, Mediastinale Fibrose en Pulmonale Hipertensie. Toe Carina se storie my pad gekruis het, het ek besluit om as orgaanskenker te registreer. Sedertdien het Albertus Scholtz (reeds 20 jaar 'n hartoorplanting ontvanger), Frans de Beer, asook Tommie en Valerie Prins se stories ook uit my pen gevloei.\nAlbertus woon op Stilbaai en is 'n hartoorplanting-pasiënt. In 2013 was sy hart 20 jaar oud en sy gesondheid goed. Op 22 Junie 1993 het hy 'n tweede lewe ontvang na 'n volledige hartoorplanting wat in 'n sewe uur operasie in die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplant is.\nTommie en Valerie se storie lees soos 'n liefdesverhaal uit sprokiesboeke. Die egpaar is 'n uitsondering en is hul liefde en deursettingsvermoë tot die uiterste beproef toe hy met kategorie 5 nierversaking gediagnoseer is en 'n nieroorplanting benodig het. Sy het nie gehuiwer nie. Wonder bo wonder was sy 'n geskikte skenker en het sy 'n nier aan hom geskenk tydens 'n operasie in Kaapstad. Vandag gaan dit goed met altwee en is beide gesond.\nAlle orgaanskenkings word hanteer deur die Stigting vir Orgaanskenking en hul koördineerders wat met orgaanontvangers- en skenkers werk. Jy kan nie jou organe aan ‘n spesifieke persoon skenk nie (behalwe lewendige skenkings soos niere) of orgaanwerwing vir jouself doen nie. Orgaan oorplanting is vandag ‘n baie suksesvolle prosedure en word as roetine gesien. Altesaam 21 verskillende organe en weefsel word daagliks suksesvol oorgeplant. Orgaanontvangers kan verwag om jare by hul leeftyd te voeg nadat dit ontvang is. Alhoewel daar met rasse skrede vordering gemaak is met orgaanoorplanting, is organe steeds skaars en mense skepties om skenkers te word.\nFrans (48) is op 16 Junie 2014 oorlede aan nierversaking. Alhoewel hy wel 'n orgaan vanaf sy suster kon kry vir 'n nieroorplanting, het sy hart te veel skade opgedoen vir so 'n operasie. Hierna is beide sy bene geamputeer weens swak bloedsomloop en kon hy ook nie kunsbene ontvang nie. Regdeur al die beproewing was hy altyd positief.Indien jy meer wil uitvind oor hoe om 'n weefselskenker te word, kan jy die Nasionale Weefselbank tolvry by 0800 872663 of die Orgaanskenkingstigting tolvry by 0800 22 6611 skakel. Nasionale orgaanskenkingstigting se webwerf by www.odf.org.za", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-27 09:46:17+00:00
null
null
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fviewblog%2F1634%2FIs-stilbly-nie-beter-nie.json
http://www.georgeherald.com/viewblog/1634/favicon.ico
en
null
null
null
null
www.georgeherald.com
Op 'n stadium het daar by die KKNK op elke hoek 'n groepie kinders gesit en Jaloersbokkie in verskillende grade van vals gesing met lee bierbokse voor hulle vir geld. Een jaar gaan sit 'n groepie op 'n besige hoek met 'n kennisgewing: "Ons bly stil". Hulle het omtrent die kleingeld laat inrol. Almal het gedink dis 'n puik idee en binne vyf dae was daar op elke hoek 'n groepie met 'n "ons bly stil" bordjie en toe maak niemand meer geld nie. Ek dink aan die storietjie toe ek een aand teen my beterwete nuus kyk en sien hoe studente afbreek en plunder omdat daar van hulle verwag word om te betaal vir studies. Iewers het hulle gehoor dat daar groepies studente is wat gratis studeer. Daar was wel studente wat gratis studeer het, dis die studente wat, as hulle bordjies sou vertoon het, sou verklaar: "Ons bly stil want ons moet hard werk want ons het beurse." Iewers het daardie deel van die boodskap "lost in translation" geraak, want skielik is daar die persepsie dat universiteite 'n basiese mensereg is waartoe almal gratis toegang het. En raai wat? Nou is almal se bierbokse besig om leeg te raak, want die kleingeld het opgedroog. Welgedaan, doen so voort, breek af en slaan stukkend - dalk prop iemand iewers 'n graad in jou hand - en dan kan jy van voor af begin afbreek want dan gaan daar skielik van jou verwag word om te werk vir geld - of nee - ek het vergeet - die graad gaan mos sommer vanself geld in jou sak laat klingel. En as ek moerig klink, het ek 'n verduideliking: "EK IS!"
http://www.georgeherald.com/viewblog/1634/Is-stilbly-nie-beter-nie
af
2016-9-01
www.georgeherald.com/83ba0228cb87562a95b9fe84ed9f5fcc167f6edf09adb2cc053b30c38869d00f.json
[ "Op 'n stadium het daar by die KKNK op elke hoek 'n groepie kinders gesit en Jaloersbokkie in verskillende grade van vals gesing met lee bierbokse voor hulle vir geld.\nEen jaar gaan sit 'n groepie op 'n besige hoek met 'n kennisgewing: \"Ons bly stil\".\nHulle het omtrent die kleingeld laat inrol. Almal het gedink dis 'n puik idee en binne vyf dae was daar op elke hoek 'n groepie met 'n \"ons bly stil\" bordjie en toe maak niemand meer geld nie.\nEk dink aan die storietjie toe ek een aand teen my beterwete nuus kyk en sien hoe studente afbreek en plunder omdat daar van hulle verwag word om te betaal vir studies. Iewers het hulle gehoor dat daar groepies studente is wat gratis studeer.\nDaar was wel studente wat gratis studeer het, dis die studente wat, as hulle bordjies sou vertoon het, sou verklaar: \"Ons bly stil want ons moet hard werk want ons het beurse.\" Iewers het daardie deel van die boodskap \"lost in translation\" geraak, want skielik is daar die persepsie dat universiteite 'n basiese mensereg is waartoe almal gratis toegang het.\nEn raai wat? Nou is almal se bierbokse besig om leeg te raak, want die kleingeld het opgedroog. Welgedaan, doen so voort, breek af en slaan stukkend - dalk prop iemand iewers 'n graad in jou hand - en dan kan jy van voor af begin afbreek want dan gaan daar skielik van jou verwag word om te werk vir geld - of nee - ek het vergeet - die graad gaan mos sommer vanself geld in jou sak laat klingel.\nEn as ek moerig klink, het ek 'n verduideliking: \"EK IS!\"", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-22 05:04:37+00:00
null
2016-09-20 09:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FArts--Entertainment%2FEntertainment%2F172647%2FAfrikaanse-musieklegende-vereer-met-fees.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160920-092621-810_u0.jpg
en
null
Afrikaanse musieklegende vereer met fees
null
null
www.georgeherald.com
Professor Chris Lamprecht en sy vrou, Elza het ook die koorfees op 16 September bygewoon. Foto: Annemarie Geldenhuys. GEORGE NUUS - Die NG-gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg het Vrydagaand 16 September, hulde gebring aan professor Chris Lamprecht, toe die gemeente sy jaarlikse koorfees aan die vermaarde komponis opgedra het. Professor Lamprecht (89), deesdae woonagtig in Heroldsbaai, is in Mei vanjaar in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray FAK-toekenning vir 'n buitengewone bydrae tot Christelike musiek. Die uitvoerende hoof van die FAK, dr. Danie Langer, het gesê Lamprecht het oor 'n tydperk van 40 jaar 'n ontsaglike groot skat van gewyde musiek tot die Afrikaanse musiekerfenis toegevoeg as orrelis, koorleier, komponis en verwerker van Afrikaanse koormusiek. Benewens sy bydrae tot die gewyde musiekskat, het professor Lamprecht ook etlike honderde tradisionele Afrikaanse liedjies verwerk waarvan talle in die 1979 en 2012 FAK-sangbundels opgeneem is. Professor Lamprecht was tussen 1962 en 1968 die orrelis en koorleier van die NG-gemeente Aasvoëlkop. Vanaf 1968 tot 1992 was hy orrelis by Universiteitsoord in Pretoria, waar Aasvoëlkop se huidige leraar, dr. Jurie Schoeman, gereeld as Tukkie-student die aanderedienste bygewoon het. Vir vanjaar se Aasvoëlkop-koorfees is vyf plaaslike kore - dié van die Laerskole Louw Geldenhuys en Jan F. Cilliers; die Helpmekaar-kollege; die Universiteit van Johannesburg en Aasvoëlkop se eie gemeentekoor - gevra om elkeen minstens een verwerking deur professor Lamprecht in hul aanbieding in te sluit. Die Helpmekaar-kollege se jeugorkes, onder leiding van Peter McLea, het die aand se verrigtinge ingelui met die luimige Skugter Sarie. Ander Lamprecht-verwerkings wat in die loop van die aand gehoor is, was Hulle sê daar's 'n man in die maan (Laerskool Jan Cilliers), Emmaus (Helpmekaar-kollege), In Palestina's velde (Laerskool Louw Geldenhuys), By die see van Tiberias en Geloofsbelydenis (albei Aasvoëlkop-gemeentekoor). Die Universiteit van Johannesburg-koor, wat onder leiding van Renette Bouwer staan, het 'n verwerking van En deur Sy wonde gesing. Volgens Bouwer was dit die heel eerste koorwerk wat sy as musiekstudent moes leer. Sy het professor Lamprecht opreg bedank vir die enorme bydrae wat sy musiek tot haar loopbaan en lewe gelewer het. Vir professor Lamprecht was dit 'n besondere voorreg om sommige van sy verwerkings opnuut weer deur 'n nuwe generasie stemme gesing te hoor. Hy het al die kore mildelik geloof vir hul bydraes en gesê dat hy baie opgewonde is oor die toekoms van koormusiek in Suid-Afrika. Om die aand mee af te sluit, het Bouwer die vyf kore gesamentlik begelei in die uitvoering van die baie geliefde Aandgesang deur professor Lamprecht. (Artikel deur: Nico Geldenhuys - Johannesburg) 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172647/Afrikaanse-musieklegende-vereer-met-fees
af
2016-09-20
www.georgeherald.com/b2c965a49882eff2dd48ffa41df96d315bbeb486028a15aacb3ad7b66053120e.json
[ "Professor Chris Lamprecht en sy vrou, Elza het ook die koorfees op 16 September bygewoon. Foto: Annemarie Geldenhuys.\nGEORGE NUUS - Die NG-gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg het Vrydagaand 16 September, hulde gebring aan professor Chris Lamprecht, toe die gemeente sy jaarlikse koorfees aan die vermaarde komponis opgedra het.\nProfessor Lamprecht (89), deesdae woonagtig in Heroldsbaai, is in Mei vanjaar in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray FAK-toekenning vir 'n buitengewone bydrae tot Christelike musiek. Die uitvoerende hoof van die FAK, dr. Danie Langer, het gesê Lamprecht het oor 'n tydperk van 40 jaar 'n ontsaglike groot skat van gewyde musiek tot die Afrikaanse musiekerfenis toegevoeg as orrelis, koorleier, komponis en verwerker van Afrikaanse koormusiek.\nBenewens sy bydrae tot die gewyde musiekskat, het professor Lamprecht ook etlike honderde tradisionele Afrikaanse liedjies verwerk waarvan talle in die 1979 en 2012 FAK-sangbundels opgeneem is.\nProfessor Lamprecht was tussen 1962 en 1968 die orrelis en koorleier van die NG-gemeente Aasvoëlkop. Vanaf 1968 tot 1992 was hy orrelis by Universiteitsoord in Pretoria, waar Aasvoëlkop se huidige leraar, dr. Jurie Schoeman, gereeld as Tukkie-student die aanderedienste bygewoon het.\nVir vanjaar se Aasvoëlkop-koorfees is vyf plaaslike kore - dié van die Laerskole Louw Geldenhuys en Jan F.\nCilliers; die Helpmekaar-kollege; die Universiteit van Johannesburg en Aasvoëlkop se eie gemeentekoor - gevra om elkeen minstens een verwerking deur professor Lamprecht in hul aanbieding in te sluit. Die Helpmekaar-kollege se jeugorkes, onder leiding van Peter McLea, het die aand se verrigtinge ingelui met die luimige Skugter Sarie.\nAnder Lamprecht-verwerkings wat in die loop van die aand gehoor is, was Hulle sê daar's 'n man in die maan (Laerskool Jan Cilliers), Emmaus (Helpmekaar-kollege), In Palestina's velde (Laerskool Louw Geldenhuys), By die see van Tiberias en Geloofsbelydenis (albei Aasvoëlkop-gemeentekoor).\nDie Universiteit van Johannesburg-koor, wat onder leiding van Renette Bouwer staan, het 'n verwerking van En deur Sy wonde gesing. Volgens Bouwer was dit die heel eerste koorwerk wat sy as musiekstudent moes leer. Sy het professor Lamprecht opreg bedank vir die enorme bydrae wat sy musiek tot haar loopbaan en lewe gelewer het.\nVir professor Lamprecht was dit 'n besondere voorreg om sommige van sy verwerkings opnuut weer deur 'n nuwe generasie stemme gesing te hoor. Hy het al die kore mildelik geloof vir hul bydraes en gesê dat hy baie opgewonde is oor die toekoms van koormusiek in Suid-Afrika.\nOm die aand mee af te sluit, het Bouwer die vyf kore gesamentlik begelei in die uitvoering van die baie geliefde Aandgesang deur professor Lamprecht.\n(Artikel deur: Nico Geldenhuys - Johannesburg)\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "Afrikaanse musieklegende vereer met fees", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[ "George Herald" ]
2016-09-08 08:55:05+00:00
null
2016-09-07 16:00:00
George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa.
http%3A%2F%2Fwww.georgeherald.com%2Fnews%2FNews%2FGeneral%2F171881%2FEFFraadslid-gee-ook-haar-50-vir-Malema.json
http://www.georgeherald.com/img/acltn20160907-165601-699_u0.jpg
en
null
EFF-raadslid gee ook haar 50% vir Malema
null
null
www.georgeherald.com
George EFF-raadslid Laetitia Arries. Foto: Michelle Pienaar GEORGE NUUS - 'n Verklaring van die EFF-leier, Julius Malema vandeesweek dat alle raadslede van sy party die helfte van hul salarisse vir die eerste drie maande van hul termyn aan die party moet opdok is geen nuwe nuus nie. So sê die plaaslike EFF-lid Laetitia Arries, wat self geen probleem met hierdie reëling het nie. Malema het Maandag in 'n verklaring gesê dat raadslede die geld aan die organisasie moet skenk om die party se uitgawes van die 2016-verkiesing te dek. Hy het gesê dat diegene wat weier om hul bydraes te gee van die party steel, en dat daar met hulle afgereken sal word. Volgens Arries was alle EFF-kandidate deeglik bewus van hierdie besluit. "Dit was nie 'n surprise nie, dit was reeds voor die verkiesing ter sprake," het sy gesê. "Ons dink nie eens daaraan nie, as ek my hele salaris moes afstaan vir drie maande sou dit ook reg wees. Hierdie reëling geld vir alle EFF-raadslede dwarsoor die land. Die party se uitvoerende komitee het die besluit geneem en ons aanvaar dit so. Dit is glad nie 'n probleem nie," het Arries gesê. "Ons het gekompeteer teen die DA en die ANC. Die EFF is 'n redelike nuwe party en ons het nie daardie finansiële krag nie, so ons almal neem verantwoordelikheid vir die kostes wat aangegaan is vir die verkiesing." Arries wou nie by navraag verklap hoeveel sy op 25 Augustus moet opdok wanneer sy haar eerste salaris as George-raadslid ontvang nie. Sy het wel bygevoeg dat sy darem nie lekkernye soos warm sjokolade of cappuccino's hoef prys te gee nie. Volgens die Staatskoerant sal 'n deeltydse raadslid in 'n graad 4-munisipaliteit, soos George, 'n totaal van R237 236 per jaar verdien. Dit beteken dat Arries ongeveer R10 000 per maand sal moet betaal vir die volgende drie maande. Intussen het 'n ander EFF proporsionele (PR) kandidaat, Lassy Matyholweni aan Zolani Sinxo gesê hy steun Malema se uitspraak dat raadslede wat min stemme kon trek, vervang sal word deur ander kandidate wat beter presteer het. Arries is die enigste EFF-raadslid in George en kon slegs 43 stemme in wyk 14 in Pacaltsdorp werf. Sy was egter nommer een op die PR-lys en het so 'n raadslid geword. Matyholweni het in wyk 11 in Thembalethu stemme gewerf en kon 163 kiesers oortuig om vir die EFF te stem. Die EFF se provinsiale sekretaris Melikhaya Xhogo het gesê daar sal nasionaal oor posisies besluit word, aangesien dit nie net oor stemme gaan nie, maar oor kandidate se betrokkenheid by die EFF se veldtog. * George EFF Councillor Laetitia Arries has no problem giving half her salary to the EFF for the next three months to help cover the party's election expenses. EFF Leader Julius Malema said earlier this week that all EFF councillors have to make this contribution. Arries said she will gladly give her whole salary for three months if that is required. According to the Government Gazette a part-time councillor in a Grade 4 municipality such as George will earn a total of R237 236 per year, meaning Arries will have to give the EFF approximately R10 000 per month for the next three months. ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171881/EFFraadslid-gee-ook-haar-50-vir-Malema
af
2016-09-07
www.georgeherald.com/f12b3191c21b02860dc9f33f27690344b9106be3e8a433f08a42713dedf48eb9.json
[ "George EFF-raadslid Laetitia Arries. Foto: Michelle Pienaar\nGEORGE NUUS - 'n Verklaring van die EFF-leier, Julius Malema vandeesweek dat alle raadslede van sy party die helfte van hul salarisse vir die eerste drie maande van hul termyn aan die party moet opdok is geen nuwe nuus nie.\nSo sê die plaaslike EFF-lid Laetitia Arries, wat self geen probleem met hierdie reëling het nie.\nMalema het Maandag in 'n verklaring gesê dat raadslede die geld aan die organisasie moet skenk om die party se uitgawes van die 2016-verkiesing te dek. Hy het gesê dat diegene wat weier om hul bydraes te gee van die party steel, en dat daar met hulle afgereken sal word.\nVolgens Arries was alle EFF-kandidate deeglik bewus van hierdie besluit. \"Dit was nie 'n surprise nie, dit was reeds voor die verkiesing ter sprake,\" het sy gesê. \"Ons dink nie eens daaraan nie, as ek my hele salaris moes afstaan vir drie maande sou dit ook reg wees. Hierdie reëling geld vir alle EFF-raadslede dwarsoor die land. Die party se uitvoerende komitee het die besluit geneem en ons aanvaar dit so. Dit is glad nie 'n probleem nie,\" het Arries gesê.\n\"Ons het gekompeteer teen die DA en die ANC. Die EFF is 'n redelike nuwe party en ons het nie daardie finansiële krag nie, so ons almal neem verantwoordelikheid vir die kostes wat aangegaan is vir die verkiesing.\"\nArries wou nie by navraag verklap hoeveel sy op 25 Augustus moet opdok wanneer sy haar eerste salaris as George-raadslid ontvang nie. Sy het wel bygevoeg dat sy darem nie lekkernye soos warm sjokolade of cappuccino's hoef prys te gee nie. Volgens die Staatskoerant sal 'n deeltydse raadslid in 'n graad 4-munisipaliteit, soos George, 'n totaal van R237 236 per jaar verdien. Dit beteken dat Arries ongeveer R10 000 per maand sal moet betaal vir die volgende drie maande.\nIntussen het 'n ander EFF proporsionele (PR) kandidaat, Lassy Matyholweni aan Zolani Sinxo gesê hy steun Malema se uitspraak dat raadslede wat min stemme kon trek, vervang sal word deur ander kandidate wat beter presteer het. Arries is die enigste EFF-raadslid in George en kon slegs 43 stemme in wyk 14 in Pacaltsdorp werf. Sy was egter nommer een op die PR-lys en het so 'n raadslid geword. Matyholweni het in wyk 11 in Thembalethu stemme gewerf en kon 163 kiesers oortuig om vir die EFF te stem. Die EFF se provinsiale sekretaris Melikhaya Xhogo het gesê daar sal nasionaal oor posisies besluit word, aangesien dit nie net oor stemme gaan nie, maar oor kandidate se betrokkenheid by die EFF se veldtog.\n* George EFF Councillor Laetitia Arries has no problem giving half her salary to the EFF for the next three months to help cover the party's election expenses. EFF Leader Julius Malema said earlier this week that all EFF councillors have to make this contribution. Arries said she will gladly give her whole salary for three months if that is required. According to the Government Gazette a part-time councillor in a Grade 4 municipality such as George will earn a total of R237 236 per year, meaning Arries will have to give the EFF approximately R10 000 per month for the next three months.\nARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS\n'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'", "EFF-raadslid gee ook haar 50% vir Malema", "George Herald is your local community newspaper from George, bringing you the latest headlines and breaking news from George and surrounding Garden Route, South Africa." ]
[]
2016-09-16 13:43:20+00:00
null
2016-09-14 20:48:52
Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield-distrikte.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Ftwee-plaasaanvalle-die-vrystaat-binne-ure%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/witkruismonument-web.jpg
af
null
Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure
null
null
www.proagri.co.za
Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield-distrikte. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is Frikkie van der Merwe, sy vrou en nog ’n vrou wat by hulle tuisgaan vanoggend omstreeks 02:00 op die plaas Vreugde in die Bothaville-distrik aangeval. Dit is nog nie duidelik hoe die verdagtes die huis binnegekom het en of iets gesteel is nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die verdagtes het met ’n silver Volkswagen Tiguan, met nommerplaat 105 TIP FS, op die vlug geslaan. Talle boere het op die voorval gereageer en paaie in die distrik geblokkeer. Boere en die Polisie is tans opsoek na die verdagtes. In die tweede voorval is Piet Swanepoel, ’n boer van die Smithfield-distrik, aangeval toe hy vanoggend 06:00 uit sy huis gegaan het. Die verdagtes het op Piet geskiet. Hy het die aanval afgeweer deur op hulle terug te skiet en vier verdagtes het op die vlug geslaan. Die voertuig waarin hulle gevlug het, is intussen gevind en boere en die Polisie is tans besig om die omgewing te deursoek opsoek na die verdagtes. Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Wet en Orde Komitee, sê boere se paraatheid het daartoe bygedra dat geen ernstige beserings of lewensverlies voorgekom het nie. “Hierdie paraatheid sowel as die spoedige aktivering van die Landelike Beveiligings Plan (LBP) en plaaswagte is ’n duidelike teken aan misdadigers dat boere en die Polisie sal voortgaan om in terme van die raamwerk van die plan saam te werk om misdadigers aan te keer en voorvalle en lewensverlies te voorkom.” Tommie sê VL wil boere weer eens versoek om deel te word van plaaswagstrukture om hulleself en hulle gemeenskappe te help beveilig. “Ons wil boere ook aanmoedig om hulself sodanig toe te rus dat hulle binne en buite hulle wonings paraat kan wees. Maak ook seker dat jou plaaswerkers deel vorm van jou plaas se paraatheidsplan.” Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar
http://www.proagri.co.za/twee-plaasaanvalle-die-vrystaat-binne-ure/
af
2016-09-14
www.proagri.co.za/e78932c620ff001e3fa349ec4145a4a9140a0fb6bc0d8dfa896d482c8a405843.json
[ "Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield-distrikte.\nVolgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is Frikkie van der Merwe, sy vrou en nog ’n vrou wat by hulle tuisgaan vanoggend omstreeks 02:00 op die plaas Vreugde in die Bothaville-distrik aangeval. Dit is nog nie duidelik hoe die verdagtes die huis binnegekom het en of iets gesteel is nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die verdagtes het met ’n silver Volkswagen Tiguan, met nommerplaat 105 TIP FS, op die vlug geslaan. Talle boere het op die voorval gereageer en paaie in die distrik geblokkeer. Boere en die Polisie is tans opsoek na die verdagtes.\nIn die tweede voorval is Piet Swanepoel, ’n boer van die Smithfield-distrik, aangeval toe hy vanoggend 06:00 uit sy huis gegaan het. Die verdagtes het op Piet geskiet. Hy het die aanval afgeweer deur op hulle terug te skiet en vier verdagtes het op die vlug geslaan. Die voertuig waarin hulle gevlug het, is intussen gevind en boere en die Polisie is tans besig om die omgewing te deursoek opsoek na die verdagtes.\nTommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Wet en Orde Komitee, sê boere se paraatheid het daartoe bygedra dat geen ernstige beserings of lewensverlies voorgekom het nie. “Hierdie paraatheid sowel as die spoedige aktivering van die Landelike Beveiligings Plan (LBP) en plaaswagte is ’n duidelike teken aan misdadigers dat boere en die Polisie sal voortgaan om in terme van die raamwerk van die plan saam te werk om misdadigers aan te keer en voorvalle en lewensverlies te voorkom.”\nTommie sê VL wil boere weer eens versoek om deel te word van plaaswagstrukture om hulleself en hulle gemeenskappe te help beveilig. “Ons wil boere ook aanmoedig om hulself sodanig toe te rus dat hulle binne en buite hulle wonings paraat kan wees. Maak ook seker dat jou plaaswerkers deel vorm van jou plaas se paraatheidsplan.”\nBron: VKB/VL Veiligheidslessenaar", "Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure", "Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield-distrikte." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-21 14:18:46+00:00
null
2016-09-21 13:51:14
Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fcompass-groep-verbind-hulle-tot-hok-vrye-eiers%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/hoender.jpg
af
null
Compass-groep verbind hulle tot hok-vrye eiers
null
null
www.proagri.co.za
Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik. Humane Society International en The Humane Society van die Verenigde State het saam met Compass groep vir ‘n paar jaar aan die ideaal gewerk. Die groep sê lêhenne word dikwels vir hulle hele lewe in klein en oorvol batteryhokke ingedruk sodat die hoenders nie eens ten volle hulle vlerke kan strek nie. Die gebruik van konvensionele batteryhokke vir lêhenne is verban in die Europese Unie, Amerika, Nieu-Seeland en Bhoetan. Die meerderheid van provinsies in Indië, wat die derde grootste eierprodusent in die wêreld is, het gesê die gebruik van die batteryhokke oortree die land se dierewelsyn-wetgewing en die land debatteer oor ‘n nasionale verbod. Chetana Mirle, direkteur van HSI Farm Animals, sê: “Met die verbintenis tot slegs hok-vrye eiers, sal Compass-groep die lewe van miljoene diere elke jaar verbeter.” Nicki Crayfourd, direkteur van gesondheid, veiligheid en omgewing by Compass-groep, sê: “Die verbetering van die welsyn van plaasdiere is ‘n belangrike fokus vir ons maatskappye en ons het die verkryging van hok-vrye eiers sedert 2009 ondersteun.” In Suid-Afrika, het Woolworths ‘n hok-vrye eierbeleid aangeneem, en hok-vry of “free range” eiers kan ook gevind word by Pick n Pay, Checkers en Spar. Bron: Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/compass-groep-verbind-hulle-tot-hok-vrye-eiers/
af
2016-09-21
www.proagri.co.za/75713cb89f34152ed95acc48b830caf68c65a374b73c6cf6ca0ccf16d98bc3fc.json
[ "Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik.\nHumane Society International en The Humane Society van die Verenigde State het saam met Compass groep vir ‘n paar jaar aan die ideaal gewerk.\nDie groep sê lêhenne word dikwels vir hulle hele lewe in klein en oorvol batteryhokke ingedruk sodat die hoenders nie eens ten volle hulle vlerke kan strek nie. Die gebruik van konvensionele batteryhokke vir lêhenne is verban in die Europese Unie, Amerika, Nieu-Seeland en Bhoetan. Die meerderheid van provinsies in Indië, wat die derde grootste eierprodusent in die wêreld is, het gesê die gebruik van die batteryhokke oortree die land se dierewelsyn-wetgewing en die land debatteer oor ‘n nasionale verbod.\nChetana Mirle, direkteur van HSI Farm Animals, sê: “Met die verbintenis tot slegs hok-vrye eiers, sal Compass-groep die lewe van miljoene diere elke jaar verbeter.”\nNicki Crayfourd, direkteur van gesondheid, veiligheid en omgewing by Compass-groep, sê: “Die verbetering van die welsyn van plaasdiere is ‘n belangrike fokus vir ons maatskappye en ons het die verkryging van hok-vrye eiers sedert 2009 ondersteun.”\nIn Suid-Afrika, het Woolworths ‘n hok-vrye eierbeleid aangeneem, en hok-vry of “free range” eiers kan ook gevind word by Pick n Pay, Checkers en Spar.\nBron: Bizcommunity", "Compass-groep verbind hulle tot hok-vrye eiers", "Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik." ]
[ "Dom Boer" ]
2016-09-20 07:35:29+00:00
null
2016-09-20 07:45:32
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fdom-boer-se-lag-vir-die-dag-193%2F.json
http://proagri.local/wp-content/uploads/2014/04/trekkertjie.jpg
af
null
Dom Boer se lag vir die dag:
null
null
www.proagri.co.za
Geduld, o geduld Die nuwe gevangene ontbied die sipier na sy sel. Gevangene: “Ek hou nie van die kos wat hier bedien word nie, ek hou nie van hierdie woonkwartiere nie en ek hou nie van die werk wat ek gegee word om te doen nie.” Sipier (sarkasties): “O, enigiets anders waarvan jy nie hou nie?” Gevangene: “Ja. Ek hou nie van die reël dat ons vroeg moet gaan slaap en vroeg moet opstaan nie. En ek hou ook nie van jou gesig nie.” Sipier (met groot selfbeheersing): “O, is dit nou al, of is daar nog iets waarvan jy nie hou nie?” Gevangene: “Nee wat, dit is voorlopig al. Ek wil nie hê jy moet dalk die indruk kry ek is onredelik nie.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-193/
af
2016-09-20
www.proagri.co.za/ba9200c13bfc49b007c0bb2c95cc0e6f82f43b7025ed5b83b179b92114d0a15c.json
[ "Geduld, o geduld\nDie nuwe gevangene ontbied die sipier na sy sel.\nGevangene: “Ek hou nie van die kos wat hier bedien word nie, ek hou nie van hierdie woonkwartiere nie en ek hou nie van die werk wat ek gegee word om te doen nie.”\nSipier (sarkasties): “O, enigiets anders waarvan jy nie hou nie?”\nGevangene: “Ja. Ek hou nie van die reël dat ons vroeg moet gaan slaap en vroeg moet opstaan nie. En ek hou ook nie van jou gesig nie.”\nSipier (met groot selfbeheersing): “O, is dit nou al, of is daar nog iets waarvan jy nie hou nie?”\nGevangene: “Nee wat, dit is voorlopig al. Ek wil nie hê jy moet dalk die indruk kry ek is onredelik nie.”", "Dom Boer se lag vir die dag:" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-26 21:44:32+00:00
null
2016-09-26 10:33:13
Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fnuwe-geveg-die-stryd-teen-renosterhoring-en-ivoorsmokkelaars%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/hond-renaldo.jpg
af
null
Nuwe geveg in die stryd teen renosterhoring- en ivoorsmokkelaars
null
null
www.proagri.co.za
Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars. Die EWT se deskundige snuffelhonde, naamlik Belgiese malinois, Renaldo, en Duitse herdershond, Condor, het die afgelope twee jaar hulle vaardighede in die opsporing van renosterhoring en ivoor in die pakhuise by die OR Tambo Internasionale Lughawe geslyp. Die honde is opgelei om renosterhoring en ivoor met behulp van die Mechem Explosive en Drug Detection System (MEDDS) op te spoor. Kirsty Brebner, EWT se renosterprojekbestuurder, beskryf dit as iets heeltemal nuut. Met konvensionele opsporing snuif honde fisies die teiken, of dit nou in tasse, pakkette, voertuie of enige ander medium gebruik word. MEDDS-tegnologie gebruik ‘n opsporingstelsel waardeur lug uit ‘n houer getrek word deur ‘n vakuumpomp aan ‘n spesiale filter te gebruik. Die lugmonster word dan na die hond geneem om daaraan te ruik en te sê of daar renosterhoring of ivoor in is. Hierdie metode is oorspronklik vir dwelms en plofstof ontwikkel en is baie suksesvol gebruik, veral waar dit moeilik is vir konvensionele opsporingshonde om te werk, soos skeepshawens. Nick van Loggerenberg, Afri Guard se opleidingsbestuurder sê: “Die opleiding van die honde het regtig glad verloop, aangesien hulle reeds op die renosterhorings en ivoor ingeprent is. Ons het hulle opgelei deur die MEDDS-stelsel te gebruik en het geëksperimenteer met die klimaatsverandering en verskillende soorte houers. Die metode werk.” Die werk is moontlik gemaak deur die ondersteuning van Afri Guard, TRAFFIC, Royal Canin, Hollard Pet Insurance, en Relate. Bron: Endangered Wildlife Trust Foto: Renaldo
http://www.proagri.co.za/nuwe-geveg-die-stryd-teen-renosterhoring-en-ivoorsmokkelaars/
af
2016-09-26
www.proagri.co.za/40e232911f87e27fc714c1859859e5c96357944ac97add2544937038478cb402.json
[ "Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars. Die EWT se deskundige snuffelhonde, naamlik Belgiese malinois, Renaldo, en Duitse herdershond, Condor, het die afgelope twee jaar hulle vaardighede in die opsporing van renosterhoring en ivoor in die pakhuise by die OR Tambo Internasionale Lughawe geslyp.\nDie honde is opgelei om renosterhoring en ivoor met behulp van die Mechem Explosive en Drug Detection System (MEDDS) op te spoor. Kirsty Brebner, EWT se renosterprojekbestuurder, beskryf dit as iets heeltemal nuut.\nMet konvensionele opsporing snuif honde fisies die teiken, of dit nou in tasse, pakkette, voertuie of enige ander medium gebruik word.\nMEDDS-tegnologie gebruik ‘n opsporingstelsel waardeur lug uit ‘n houer getrek word deur ‘n vakuumpomp aan ‘n spesiale filter te gebruik. Die lugmonster word dan na die hond geneem om daaraan te ruik en te sê of daar renosterhoring of ivoor in is. Hierdie metode is oorspronklik vir dwelms en plofstof ontwikkel en is baie suksesvol gebruik, veral waar dit moeilik is vir konvensionele opsporingshonde om te werk, soos skeepshawens.\nNick van Loggerenberg, Afri Guard se opleidingsbestuurder sê: “Die opleiding van die honde het regtig glad verloop, aangesien hulle reeds op die renosterhorings en ivoor ingeprent is. Ons het hulle opgelei deur die MEDDS-stelsel te gebruik en het geëksperimenteer met die klimaatsverandering en verskillende soorte houers. Die metode werk.”\nDie werk is moontlik gemaak deur die ondersteuning van Afri Guard, TRAFFIC, Royal Canin, Hollard Pet Insurance, en Relate.\nBron: Endangered Wildlife Trust\nFoto: Renaldo", "Nuwe geveg in die stryd teen renosterhoring- en ivoorsmokkelaars", "Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars." ]
[]
2016-09-26 21:49:22+00:00
null
2016-09-23 08:21:40
Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fdie-nuwe-bmw-m4-gts-witwarm-speelding-vir-die-renbaan%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/BMW-M4_GTS-2016-1024-3f.jpg
af
null
Die nuwe BMW M4 GTS: Witwarm speelding vir die renbaan
null
null
www.proagri.co.za
Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie. Spesiale M-modelle het al ‘n roemryke geskiedenis en tradisie by BMW M GmbH. Dink maar aan ikoniese modelle soos die BMW M3 GT, BMW M3 CSL, BMW M3 GTS en BMW M3 CRT waarvan ons in Suid-Afrika net die M3 CSL kon kry. Uiteraard het die witjasse by BMW M-divisie hulle oog gehad op die renbaan toe die GTS gekonseptualiseer was en dit spreek duidelik in die rengerigte uiterlike voorkoms en kajuit. Terwyl die reuse Michelin Pilot Sport Cup 2 (voor: 265/35 R19, agter: 285/30 R20) bande op eksklusiewe “M-light, M- Styling” liggewig allooiwiele met hul skel-oranje afwerking die oog vang, is dit die groot geventileerde koolstof-keramiek remskywe met goue M-Sport knypers, wat ’n geoefende oog sal beїndruk. Dit verklap dat hierdie kalant ook baie vinnig kan stop. Behalwe vir die spesiale wiele onder uitgeboude wielboë, word die M4 GTS ook buite onderskei van sy “gewone” stalmaats deur ‘n groot verstelbare drukvlerk op die stert. Ook hier sal die gesoute renbaan entoesias raaksien dat dit nie jou gewone “help-my-vinnig-lyk-diy-joppie” is nie, want die kenner sal dadelik raaksien dat hier baie spesiale ligggewig materiaal gebruik is en deur spesialiste doelgemaak is vir die renbaan. Hierdie drukvlerk, asook diespesiale koolstofvesel lugsnoer onder die voorste lugskort, kan van binne die motor verstel word soos wat jy ry/jaag. Daar is ook ‘n koolstofvesel lugskort agter tussen die vier fris uitlaatpype wat lugvloei reguleer. Met die innoverende gebruik van spesiale liggewig materiale kon die witjasse dit regkry om die die M4 GTS se gewig te beperk tot 1510 kg, wat ‘n uitstekende krag-tot-massa verhouding van 3,0 kg/perdekrag tot gevolg het. Die resultaat is dinamiese verrigting en uitsonderlike hantering. Gewig is buite en binne die kajuit besnoei. Die enjinkap en dakpaneel is byvoorbeeld van spesiale liggewig materiaal gemaak. Binne die kajuit is daar mildelik gebruik gemaak van koolstofvesel. So byvoorbeeld het die rengerigte sportsitplekke asook die liggewig middelkonsole en deurpanele heelwat koolstofvesel. Die deurpanele in die “Clubsport Package” -modelle het nie gewone knippe nie, maar word met ‘n materiaalbandjie oopgetrek. Die ‘Clubsport’ se agterste sitplekke moes ook plek maak vir ‘n liggewig, maar uiters sterk rolstaaf. Kom ons loer net na die amptelike verrigtingsyfers van hierdie spesiale BMW. Die M4 GTS gebruik die veelbekroonde 6-silinder turbo enjin wat ook in die M3 en M4 diens doen. Die geheim is dat die witjasse by M-divisie water inspuiting tegnologie gebruik waar water direk in die silinderkamers gespuit word. Dit vekoel nie net die enjin baie doeltreffend nie, maar die enjin se piek kraglewering word aansienlik verhoog tot 368 kW. Piek wringkrag is ook verhoog tot ‘n fris 600 Nm. Verrassend is egter dat die brandstofverbruik en CO₂ uitlate volgens BMW se amptelike syfers, stabiel gebly het by die vlakke van die gewone M3/M4 in ‘n gekombineerde siklus, naamlik 8,5 l/100 km en 199 g/km. Aandrywing is na die agterwiele deur ‘n 7-spoed M-DCT dubbelkoppellaar ratkas met “Drive-Logic” en “launch control” wat spesiaal vir die M4 GTS se verhoogde kraglewering aangepas is. Die 0-100 km/u lopie neem 3,8 sekondes en top spoed word beperk tot 305 km/u. Nou as bogenoemde syfers jou dalk nog nie behoorlik beindruk nie, hou in gedagte dat die M4GTS die legendariese Nürburgring-Nordschleife in ‘n amptelike 7 min 28 sekondes afgeblits het. Daar is slegs 700 eenhede van die M4 GTS gebou. Goeie nuus is 23 van hulle is bestem vir Suid-Afrika teen die sakpasprys van R2 203 900. Maar hier is die tranetrekker – al 23 het reeds eienaars. Ek het die voorreg gehad om die die M4 GTS, toegerus met die opsionele “Clubsport Package”, om die nuutgeboude Kyalami Internasionale Renbaan te looi. Die Clubsport Package wat spesiaal vir die baanentoesias ontwikkel is, kom ondermeer toegerus met die oranje rolstaaf, ‘n brandblusser asook ‘n rengespesifiseeerde 6-punt veiligheidsharnas om jou behoorlik in die sitplek vas te gord. Uiteraard was dit vir my as spoedvraat en renliefhebber ‘n heerlike ervaring om die besondere kar so vinnig as wat ek kan om die nuwe verbeterde Kyalami te jaag. Die belewenis om teen meer as 220 km/u in die pylvlak af te jaag, dan met ‘n skrale 100 meter voor die skerp draai na links hard op die remme te gaan staan en dadelik weer die versneller vas te trap om so vinnig moontlik uit die draai te versnel, kan eintlik nie in woorde beskryf word nie. Die ongelooflike greep en versnelling kan net in ‘n rasegte renmotor ervaar word – en dit beskryf die BMW M4GTS sekerlik die beste! ‘n Rasegte renmotor wat jy ook vir padgebruik kan lisensieer. Ek sou dit graag 100 maal per dag wil doen. Elke dag. Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
http://www.proagri.co.za/die-nuwe-bmw-m4-gts-witwarm-speelding-vir-die-renbaan/
af
2016-09-23
www.proagri.co.za/291d625c5f5ed8e8ba05dbe48746d0d96cef3b7bc37fbc33ddcb7bc89a42a63b.json
[ "Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie.\nSpesiale M-modelle het al ‘n roemryke geskiedenis en tradisie by BMW M GmbH. Dink maar aan ikoniese modelle soos die BMW M3 GT, BMW M3 CSL, BMW M3 GTS en BMW M3 CRT waarvan ons in Suid-Afrika net die M3 CSL kon kry. Uiteraard het die witjasse by BMW M-divisie hulle oog gehad op die renbaan toe die GTS gekonseptualiseer was en dit spreek duidelik in die rengerigte uiterlike voorkoms en kajuit.\nTerwyl die reuse Michelin Pilot Sport Cup 2 (voor: 265/35 R19, agter: 285/30 R20) bande op eksklusiewe “M-light, M- Styling” liggewig allooiwiele met hul skel-oranje afwerking die oog vang, is dit die groot geventileerde koolstof-keramiek remskywe met goue M-Sport knypers, wat ’n geoefende oog sal beїndruk. Dit verklap dat hierdie kalant ook baie vinnig kan stop.\nBehalwe vir die spesiale wiele onder uitgeboude wielboë, word die M4 GTS ook buite onderskei van sy “gewone” stalmaats deur ‘n groot verstelbare drukvlerk op die stert. Ook hier sal die gesoute renbaan entoesias raaksien dat dit nie jou gewone “help-my-vinnig-lyk-diy-joppie” is nie, want die kenner sal dadelik raaksien dat hier baie spesiale ligggewig materiaal gebruik is en deur spesialiste doelgemaak is vir die renbaan. Hierdie drukvlerk, asook diespesiale koolstofvesel lugsnoer onder die voorste lugskort, kan van binne die motor verstel word soos wat jy ry/jaag. Daar is ook ‘n koolstofvesel lugskort agter tussen die vier fris uitlaatpype wat lugvloei reguleer.\nMet die innoverende gebruik van spesiale liggewig materiale kon die witjasse dit regkry om die die M4 GTS se gewig te beperk tot 1510 kg, wat ‘n uitstekende krag-tot-massa verhouding van 3,0 kg/perdekrag tot gevolg het. Die resultaat is dinamiese verrigting en uitsonderlike hantering.\nGewig is buite en binne die kajuit besnoei. Die enjinkap en dakpaneel is byvoorbeeld van spesiale liggewig materiaal gemaak. Binne die kajuit is daar mildelik gebruik gemaak van koolstofvesel. So byvoorbeeld het die rengerigte sportsitplekke asook die liggewig middelkonsole en deurpanele heelwat koolstofvesel. Die deurpanele in die “Clubsport Package” -modelle het nie gewone knippe nie, maar word met ‘n materiaalbandjie oopgetrek. Die ‘Clubsport’ se agterste sitplekke moes ook plek maak vir ‘n liggewig, maar uiters sterk rolstaaf.\nKom ons loer net na die amptelike verrigtingsyfers van hierdie spesiale BMW.\nDie M4 GTS gebruik die veelbekroonde 6-silinder turbo enjin wat ook in die M3 en M4 diens doen. Die geheim is dat die witjasse by M-divisie water inspuiting tegnologie gebruik waar water direk in die silinderkamers gespuit word. Dit vekoel nie net die enjin baie doeltreffend nie, maar die enjin se piek kraglewering word aansienlik verhoog tot 368 kW. Piek wringkrag is ook verhoog tot ‘n fris 600 Nm. Verrassend is egter dat die brandstofverbruik en CO₂ uitlate volgens BMW se amptelike syfers, stabiel gebly het by die vlakke van die gewone M3/M4 in ‘n gekombineerde siklus, naamlik 8,5 l/100 km en 199 g/km.\nAandrywing is na die agterwiele deur ‘n 7-spoed M-DCT dubbelkoppellaar ratkas met “Drive-Logic” en “launch control” wat spesiaal vir die M4 GTS se verhoogde kraglewering aangepas is.\nDie 0-100 km/u lopie neem 3,8 sekondes en top spoed word beperk tot 305 km/u.\nNou as bogenoemde syfers jou dalk nog nie behoorlik beindruk nie, hou in gedagte dat die M4GTS die legendariese Nürburgring-Nordschleife in ‘n amptelike 7 min 28 sekondes afgeblits het.\nDaar is slegs 700 eenhede van die M4 GTS gebou. Goeie nuus is 23 van hulle is bestem vir Suid-Afrika teen die sakpasprys van R2 203 900. Maar hier is die tranetrekker – al 23 het reeds eienaars.\nEk het die voorreg gehad om die die M4 GTS, toegerus met die opsionele “Clubsport Package”, om die nuutgeboude Kyalami Internasionale Renbaan te looi. Die Clubsport Package wat spesiaal vir die baanentoesias ontwikkel is, kom ondermeer toegerus met die oranje rolstaaf, ‘n brandblusser asook ‘n rengespesifiseeerde 6-punt veiligheidsharnas om jou behoorlik in die sitplek vas te gord.\nUiteraard was dit vir my as spoedvraat en renliefhebber ‘n heerlike ervaring om die besondere kar so vinnig as wat ek kan om die nuwe verbeterde Kyalami te jaag. Die belewenis om teen meer as 220 km/u in die pylvlak af te jaag, dan met ‘n skrale 100 meter voor die skerp draai na links hard op die remme te gaan staan en dadelik weer die versneller vas te trap om so vinnig moontlik uit die draai te versnel, kan eintlik nie in woorde beskryf word nie. Die ongelooflike greep en versnelling kan net in ‘n rasegte renmotor ervaar word – en dit beskryf die BMW M4GTS sekerlik die beste! ‘n Rasegte renmotor wat jy ook vir padgebruik kan lisensieer. Ek sou dit graag 100 maal per dag wil doen. Elke dag.\nDeur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive", "Die nuwe BMW M4 GTS: Witwarm speelding vir die renbaan", "Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-26 21:48:25+00:00
null
2016-09-26 10:09:59
By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Faartappelkweker-van-die-jaar-2016%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/aartappelkweker-van-die-jaar-JP.jpg
af
null
Aartappelkweker van die jaar 2016
null
null
www.proagri.co.za
By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum. JP het by ontvangs van die prys gesê dat boerdery nie ‘n eenmanvertoning is nie, maar dat sy sukses te danke is aan ‘n hele span wat agter hom staan. Die ander finaliste van die jaar was Frans Engelbrecht (Noordwes) en W & K Boerdery (Wes-Vrystaat). Al drie finaliste is Wesgrow-boere. Drie jaar se sertifikasiedata (vanaf registrasie tot beheerresultate) is gebruik om die wenner te bepaal. Bayer en die Aartappelsertifiseringdiens streef daarna om voort te bou op gehalte as die hoeksteen vir die bedryf. Albei organisasies staan vir volhoubaarheid vir alle belanghebbendes in die aartappelbedryf. Na ‘n moeilike jaar tydens die 2015/16 droogte, is dit baie duidelik dat volharding en betroubaarheid twee eienskappe is wat spelers in die aartappelbedryf sal ondersteun. Bayer, die hoofborg van die toekennings en verskaffer aan JP, streef daarna om toegang tot vernuwings te verskaf deur in navorsing te belê wat die boer help om homself teen probleme soos virusse te verdedig. So word volhoubare aartappelproduksie bevorder. Bayer het tydens die geleentheid hulle belofte van “Committed to the Future” bekendgestel, waarvolgens hulle die uitdagings van die toekoms verantwoordelik wil bestuur. Saam met die 18de toekenning aan die moerkweker van die jaar vier die Aartappelsertifiseringsdiens hulle 21ste bestaansjaar. Die diens het die afgelope 21 jaar ‘n leidende rol gespeel in die verskaffing van plantmateriaal van die hoogste gehalte aan die aartappelbedryf. Bron: Orange Ink Foto (Van links na regs): JP van den Berg en sy vrou, Linné, Sanette Thiart, besturende direkteur van Aartappelsertifiseringdiensn en Hennie van der Westhuizen, besigheidsbestuurder van Bayer.
http://www.proagri.co.za/aartappelkweker-van-die-jaar-2016/
af
2016-09-26
www.proagri.co.za/4c73c30a0634f986d145df52886169ae9c207fa0143a25e0eee9fdf000c76deb.json
[ "By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum.\nJP het by ontvangs van die prys gesê dat boerdery nie ‘n eenmanvertoning is nie, maar dat sy sukses te danke is aan ‘n hele span wat agter hom staan.\nDie ander finaliste van die jaar was Frans Engelbrecht (Noordwes) en W & K Boerdery (Wes-Vrystaat). Al drie finaliste is Wesgrow-boere. Drie jaar se sertifikasiedata (vanaf registrasie tot beheerresultate) is gebruik om die wenner te bepaal.\nBayer en die Aartappelsertifiseringdiens streef daarna om voort te bou op gehalte as die hoeksteen vir die bedryf. Albei organisasies staan vir volhoubaarheid vir alle belanghebbendes in die aartappelbedryf.\nNa ‘n moeilike jaar tydens die 2015/16 droogte, is dit baie duidelik dat volharding en betroubaarheid twee eienskappe is wat spelers in die aartappelbedryf sal ondersteun. Bayer, die hoofborg van die toekennings en verskaffer aan JP, streef daarna om toegang tot vernuwings te verskaf deur in navorsing te belê wat die boer help om homself teen probleme soos virusse te verdedig. So word volhoubare aartappelproduksie bevorder.\nBayer het tydens die geleentheid hulle belofte van “Committed to the Future” bekendgestel, waarvolgens hulle die uitdagings van die toekoms verantwoordelik wil bestuur.\nSaam met die 18de toekenning aan die moerkweker van die jaar vier die Aartappelsertifiseringsdiens hulle 21ste bestaansjaar. Die diens het die afgelope 21 jaar ‘n leidende rol gespeel in die verskaffing van plantmateriaal van die hoogste gehalte aan die aartappelbedryf.\nBron: Orange Ink\nFoto (Van links na regs): JP van den Berg en sy vrou, Linné, Sanette Thiart, besturende direkteur van Aartappelsertifiseringdiensn en Hennie van der Westhuizen, besigheidsbestuurder van Bayer.", "Aartappelkweker van die jaar 2016", "By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-16 13:44:22+00:00
null
2016-09-15 08:07:20
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Flimousin-bul-vir-r200-000-verkoop%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Paparazzi.jpg
af
null
Limousin-bul vir R200 000 verkoop
null
null
www.proagri.co.za
La Rhone Limousins se Heart of the Herd-veiling het op 3 September in Tulbagh plaasgevind. Die veiling is deur BKB aangebied en Johan van der Nest was die afslaer. Die veiling is deur 400 kopers en belangstellendes bygewoon. Die duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi) is vir R200 000 aan Kandas Limousins van Ivan Gaya van Namibië verkoop. Die duurste koei (LR1114 La Rhone Marmite) is vir R140 000 aan Human Cronjé van Parys verkoop. ‘n Nuwe rekordprys van R150 000 is vir die vers LR1490 La Rhone Summer Sun betaal deur Maqelepo Investments van Ficksburg. Die totale aanbieding van 67 diere is verkoop vir ‘n totale omset van R3 959 000. Kategorie Aantal Gemiddeld Hoogste Koper Bulle 20 R74 250 R200 000 Kandas Limousins Koeie & kalwers 10 R75 000 R140 000 Human Cronje Dragtige koeie 13 R41 307 R100 000 R100 000 Xourel Beleggings Maqelepo Investments Verse 24 R49 458 R150 000 Maqelepo Investments Foto: duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi)
http://www.proagri.co.za/limousin-bul-vir-r200-000-verkoop/
af
2016-09-15
www.proagri.co.za/61abc1932dd584cae06801f66b8089122a40917ef015a088d8ae59af5e086a9a.json
[ "La Rhone Limousins se Heart of the Herd-veiling het op 3 September in Tulbagh plaasgevind. Die veiling is deur BKB aangebied en Johan van der Nest was die afslaer. Die veiling is deur 400 kopers en belangstellendes bygewoon.\nDie duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi) is vir R200 000 aan Kandas Limousins van Ivan Gaya van Namibië verkoop.\nDie duurste koei (LR1114 La Rhone Marmite) is vir R140 000 aan Human Cronjé van Parys verkoop.\n‘n Nuwe rekordprys van R150 000 is vir die vers LR1490 La Rhone Summer Sun betaal deur Maqelepo Investments van Ficksburg.\nDie totale aanbieding van 67 diere is verkoop vir ‘n totale omset van R3 959 000.\nKategorie Aantal Gemiddeld Hoogste Koper Bulle 20 R74 250 R200 000 Kandas Limousins Koeie & kalwers 10 R75 000 R140 000 Human Cronje Dragtige koeie 13 R41 307 R100 000 R100 000 Xourel Beleggings Maqelepo Investments Verse 24 R49 458 R150 000 Maqelepo Investments\nFoto: duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi)", "Limousin-bul vir R200 000 verkoop" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-20 07:35:30+00:00
null
2016-09-20 08:11:51
Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fsagtevrugtebedryf-vereer-uitblinkers%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/vrugtebedryf.jpg
af
null
Sagtevrugtebedryf vereer uitblinkers
null
null
www.proagri.co.za
Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer. Die toekennings is vanjaar toegeken aan: – Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; – Sivuyile Maguga Solitswayi en Irene Jansen, saam vir Algemene Landbouwerker van die Jaar; – Earl Loxton, Toetreder van die Jaar; – Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar; – Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; en – Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning. Twee besondere landbouwerkers in die kategorie Algemene Landbouwerker van die Jaar, is vanjaar vereer. Sivuyile Maguga Solitswayi van die plaas Bronaar in die Koue Bokkeveld, en Irene Jansen van Wilhelm de Kock Boerdery by Worcester. Sivuyile is een van die ware helde van die sagtevrugtebedryf sonder wie geen boer kan klaarkom nie. Hy is een van die talle algemene landbouwerkers wat dag-in en dag-uit in die warm son vrugte pluk, takke snoei en uitdun, maar wat Sivuyile laat uittroon bo al die ander landbouwerkers is sy fenomenale produktiwiteitsrekord. Wanneer jy Sivuyile se produktiwiteitsindeks met die gemiddelde werker s’n vergelyk, doen hy meer as dubbeld die werk. Hy pluk meer, hy snoei meer, hy dun meer uit. Én hy is akkuraat teen ’n verstommende spoed − ’n ware boord-ster. Sivuyile het in 2013 op Bronaar begin werk. Volgens sy bestuurder stel hy hoë doelwitte aan homself en is hy altyd bereid om opdragte uit te voer. “Sivuyile is gemotiveerd en maak seker dat hy sy werk die eerste keer reg doen. Hy is by verre Bronaar se beste en vinnigste plukker. Hy is ’n aanwins vir ons besigheid en ’n uitstekende voorbeeld vir sy mede-werkers. Bronaar salueer hom vir sy uitstekende diens.” Irene Jansen se jong lewe het met heelwat uitdagings begin. As ’n voormalige inwoner van die Steinthal-kinderhuis by Tulbagh, is sy boonop ’n enkelouer. Maar teen alle verwagtinge in, is Irene besig om vir haarself ’n blink toekoms in die landbou uit te beitel. Irene se kollegas beskryf haar as ’n gebore leier en uitstekende voorbeeld vir ander werkers. “Irene is by bykans alle plaas-aktiwiteite betrokke, byvoorbeeld die dameskoor, gemengde koor en uitreikgroep. Sy het ook ’n bordspelgroep vir vroue begin. Daarbenewens hou sy van bak en brou en bederf die ander gereeld met soetgoed. Seisoentyd is Irene by gehalte-evaluering van vrugte en die manipulering van jong bome betrokke. Die ander werkers leer baie by haar en sy is altyd bereid om vrae te beantwoord en te verduidelik.” Landbou is Irene se passie en sy leef dit elke dag ten volle met ’n positiewe gesindheid uit. Charmaine Scholtz, Spesialis-landbouwerker van die Jaar, het ná skool onderwys studeer en op die plaas Remhoogte by Ceres as jeugwerker begin werk. Die vrugtegogga het gebyt en sy het gou besef dat landbou vir haar ’n groter uitdaging om haarself as mens te ontwikkel, bied. Charmaine is oorgeplaas na die vrugte-afdeling, waar sy as algemene werker begin het een deesdae die plaas se junior menslike hulpbronbestuurder is. “Charmaine is die soort mens wat elke geleentheid wat oor haar pad kom met oorgawe aangryp en ’n sukses daarvan maak. Haar besondere werksetiek en mensekennis maak van haar ’n staatmaker in ons onderneming,” meen Marina du Toit, haar bestuurder. Earl Loxton, Toetreder van die Jaar, is besig om sy merk as suksesvolle kommersiële boer in die Noord-Kaap te maak. Earl, wat sy landboudiploma by Elsenburg verwerf het, het in 2011 perseel 593 in die Eksteenvlei-gemeenskap buite Keimoes oorgeneem. Die wingerdstokke was oud en verwaarloos, en die perseel was klaarblyklik nie winsgewend nie. Earl het dadelik met ’n vernuwingsprogram begin en daar is nou 35 hektaar rosyntjiedruiwe en 7,5 hektaar wyndruiwe. Hy beplan om nog verder te diversifiseer en ander kultivars in te bring. Die afgelope drie jaar het hy ook deel gevorm van die Droëvrugte Tegniese Dienste se Jobs Fund-ontwikkelingsprogram. Deur hierdie inisiatief het hy ’n verdere 9,3 hektaar rosyntjiedruiwe aangeplant. Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar, is vereer vir sy bydrae die afgelope 45 jaar. Sy werk in verskeie landbou-segmente kan as baanbrekerswerk beskou word. Sy navorsingsprotokolle word internasionaal toegepas. Dr Piet evalueer tans steenvrugonderstamme vir die sagtevrugtebedryf. Die O.S.H. Reinecke Bedryfsleier-toekenning vir 2016 het aan Jack van Dyk gegaan vir sy baanbrekerswerk in veral arbeidsreg vir die vrugtebedryf. Jack, wat onder meer ’n staatsaanklaer en magistraat was voor hy in 1982 in die vrugtebedryf begin werk het, was ’n stigterslid en jare lange voorsitter van die Kaapse Agri Werkgewers-vereniging (KAW). Hoewel hy reeds afgetree het, is hy steeds ’n belangrike rolspeler in die Laborie Dialoog-inisiatief wat aandag gee aan sensitiewe landelike- en arbeidsake. Die vryskut-wetenskapskrywer, Engela Duvenage, het die Izethelo-toekenning ontvang vir haar bydraes oor die landbouwetenskap. Engela het erkenning ontvang vir haar bydraes om die agri-wetenskap meer toeganklik vir die algemene publiek te maak. Dié glansgeleentheid, wat ’n jaarlikse instelling van die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is, vind al die afgelope 41 jaar plaas. Foto – Vrugte wenners van links na regs: Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; Irene Jansen, Algemene Landbouwerker van die Jaar; Earl Loxton, Toetreder van die Jaar; Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning; Sivuyile Maguga Solitswayi, Algemene Landbouwerker van die Jaar. Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. Bron: Hortgro
http://www.proagri.co.za/sagtevrugtebedryf-vereer-uitblinkers/
af
2016-09-20
www.proagri.co.za/19c740222166a79327c21823f8cb83921f4f9b04a292f9ea152004ad7999ac8c.json
[ "Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer.\nDie toekennings is vanjaar toegeken aan:\n– Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar;\n– Sivuyile Maguga Solitswayi en Irene Jansen, saam vir Algemene Landbouwerker van die Jaar;\n– Earl Loxton, Toetreder van die Jaar;\n– Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar;\n– Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; en\n– Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning.\nTwee besondere landbouwerkers in die kategorie Algemene Landbouwerker van die Jaar, is vanjaar vereer. Sivuyile Maguga Solitswayi van die plaas Bronaar in die Koue Bokkeveld, en Irene Jansen van Wilhelm de Kock Boerdery by Worcester.\nSivuyile is een van die ware helde van die sagtevrugtebedryf sonder wie geen boer kan klaarkom nie. Hy is een van die talle algemene landbouwerkers wat dag-in en dag-uit in die warm son vrugte pluk, takke snoei en uitdun, maar wat Sivuyile laat uittroon bo al die ander landbouwerkers is sy fenomenale produktiwiteitsrekord.\nWanneer jy Sivuyile se produktiwiteitsindeks met die gemiddelde werker s’n vergelyk, doen hy meer as dubbeld die werk. Hy pluk meer, hy snoei meer, hy dun meer uit. Én hy is akkuraat teen ’n verstommende spoed − ’n ware boord-ster.\nSivuyile het in 2013 op Bronaar begin werk. Volgens sy bestuurder stel hy hoë doelwitte aan homself en is hy altyd bereid om opdragte uit te voer. “Sivuyile is gemotiveerd en maak seker dat hy sy werk die eerste keer reg doen. Hy is by verre Bronaar se beste en vinnigste plukker. Hy is ’n aanwins vir ons besigheid en ’n uitstekende voorbeeld vir sy mede-werkers. Bronaar salueer hom vir sy uitstekende diens.”\nIrene Jansen se jong lewe het met heelwat uitdagings begin. As ’n voormalige inwoner van die Steinthal-kinderhuis by Tulbagh, is sy boonop ’n enkelouer. Maar teen alle verwagtinge in, is Irene besig om vir haarself ’n blink toekoms in die landbou uit te beitel.\nIrene se kollegas beskryf haar as ’n gebore leier en uitstekende voorbeeld vir ander werkers. “Irene is by bykans alle plaas-aktiwiteite betrokke, byvoorbeeld die dameskoor, gemengde koor en uitreikgroep. Sy het ook ’n bordspelgroep vir vroue begin. Daarbenewens hou sy van bak en brou en bederf die ander gereeld met soetgoed.\nSeisoentyd is Irene by gehalte-evaluering van vrugte en die manipulering van jong bome betrokke. Die ander werkers leer baie by haar en sy is altyd bereid om vrae te beantwoord en te verduidelik.” Landbou is Irene se passie en sy leef dit elke dag ten volle met ’n positiewe gesindheid uit.\nCharmaine Scholtz, Spesialis-landbouwerker van die Jaar, het ná skool onderwys studeer en op die plaas Remhoogte by Ceres as jeugwerker begin werk. Die vrugtegogga het gebyt en sy het gou besef dat landbou vir haar ’n groter uitdaging om haarself as mens te ontwikkel, bied.\nCharmaine is oorgeplaas na die vrugte-afdeling, waar sy as algemene werker begin het een deesdae die plaas se junior menslike hulpbronbestuurder is. “Charmaine is die soort mens wat elke geleentheid wat oor haar pad kom met oorgawe aangryp en ’n sukses daarvan maak. Haar besondere werksetiek en mensekennis maak van haar ’n staatmaker in ons onderneming,” meen Marina du Toit, haar bestuurder.\nEarl Loxton, Toetreder van die Jaar, is besig om sy merk as suksesvolle kommersiële boer in die Noord-Kaap te maak. Earl, wat sy landboudiploma by Elsenburg verwerf het, het in 2011 perseel 593 in die Eksteenvlei-gemeenskap buite Keimoes oorgeneem.\nDie wingerdstokke was oud en verwaarloos, en die perseel was klaarblyklik nie winsgewend nie. Earl het dadelik met ’n vernuwingsprogram begin en daar is nou 35 hektaar rosyntjiedruiwe en 7,5 hektaar wyndruiwe. Hy beplan om nog verder te diversifiseer en ander kultivars in te bring. Die afgelope drie jaar het hy ook deel gevorm van die Droëvrugte Tegniese Dienste se Jobs Fund-ontwikkelingsprogram. Deur hierdie inisiatief het hy ’n verdere 9,3 hektaar rosyntjiedruiwe aangeplant.\nDr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar, is vereer vir sy bydrae die afgelope 45 jaar. Sy werk in verskeie landbou-segmente kan as baanbrekerswerk beskou word. Sy navorsingsprotokolle word internasionaal toegepas. Dr Piet evalueer tans steenvrugonderstamme vir die sagtevrugtebedryf.\nDie O.S.H. Reinecke Bedryfsleier-toekenning vir 2016 het aan Jack van Dyk gegaan vir sy baanbrekerswerk in veral arbeidsreg vir die vrugtebedryf. Jack, wat onder meer ’n staatsaanklaer en magistraat was voor hy in 1982 in die vrugtebedryf begin werk het, was ’n stigterslid en jare lange voorsitter van die Kaapse Agri Werkgewers-vereniging (KAW). Hoewel hy reeds afgetree het, is hy steeds ’n belangrike rolspeler in die Laborie Dialoog-inisiatief wat aandag gee aan sensitiewe landelike- en arbeidsake.\nDie vryskut-wetenskapskrywer, Engela Duvenage, het die Izethelo-toekenning ontvang vir haar bydraes oor die landbouwetenskap. Engela het erkenning ontvang vir haar bydraes om die agri-wetenskap meer toeganklik vir die algemene publiek te maak.\nDié glansgeleentheid, wat ’n jaarlikse instelling van die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is, vind al die afgelope 41 jaar plaas.\nFoto – Vrugte wenners van links na regs: Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; Irene Jansen, Algemene Landbouwerker van die Jaar; Earl Loxton, Toetreder van die Jaar; Jack van Dyk, O.S.H. Reinecke Bedryfsleier van die Jaar; Engela Duvenage, Izethelo Media-toekenning; Sivuyile Maguga Solitswayi, Algemene Landbouwerker van die Jaar. Dr Piet Stassen, Innoveerder van die Jaar kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie.\nBron: Hortgro", "Sagtevrugtebedryf vereer uitblinkers", "Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-29 16:14:49+00:00
null
2016-09-29 17:45:25
n Paralimpiese skool-atleet, Liezel Gouws (17 jr) van Klerksdorp, presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fgestremde-skooldogter-wen-engen-se-veteraanenjinoorbou-wedstryd%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/ENgen-Junior-wenners.jpg
af
null
Gestremde skooldogter wen Engen se veteraanenjinoorbou-wedstryd
null
null
www.proagri.co.za
‘n Paralimpiese skool-atleet presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor. Liezel Gouws van Klerksdorp was die junior wenner van Engen en die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantrekker- en enjinklubs (SAVTEK ) se enjinrestourasie-uitdaging vir 2016. Die kompetisie het die restourasie van ‘n stilstaande enjin van ouer as 30 jaar behels. Die wenners van die byeenkoms is by die Bloemfontein Familie Trekker- en Kosfees by die Ferrari Museum in Kwaggafontein, Bloemfontein aangekondig. Liezel (17 jr) het die eerste plek in die junior-afdeling vir skoliere verwerf en het R20 000 ontvang. Sy het ‘n 1963 Wolseley-enjin gerestoureer. Sy het ook onlangs aan die Paralimpiese Spele in Rio deelgeneem en in die Klas T37 100 m en 400 m in die finale rondte gehardloop. Gerick Muller van Mosselbaai was tweede en Rudolf Gouws van Klerksdorp derde. Hulle het albei R15 000 en R10 000 ontvang in die junior-afdeling. In die senior-afdeling (nie ouers as 35 jaar nie), het Torsten Löwe van Pretoria weggestap met die R50 000 eersteprys. Hy het ‘n 1951 Deutz MAH 914-enjin gerestoureer. Tweede was Johann Rust van Kuilsrivier (R20 000) en Francois van Rooyen van Brackenfell (R15 000) was derde. Alle deelnemers is versoek om ‘n werkboek met foto’s en dokumentasie van hulle prosesse te voltooi, daarin moet die deelnemer alles wys wat hy regmaak en komponente uitwys wat dalk nie beskikbaar was nie. Saam met die werkboek is hulle enjins uitgestal en beoordeel op ‘n plaaslike vlak in die semi-finaal. By die enjin word daar gekyk of elke moertjie en boutjie oorspronklik is, asook die meganiese werking daarvan en laastens word ‘n onderhoud met die deelnemer by sy enjin gevoer. Die deelnemer beskryf dan aan die beoordelaars hoe hy die restourasieproses ervaar het en hoe daar vooruitgang gemaak is. “Ons is baie opgewonde om betrokke te wees by hierdie inisiatief,” sê Paul Leask, Engen smeermiddels se nasionale verkoopsbestuurder. “Engen se verbintenis met veteraantrekkers en ons ondersteuning vir jeugontwikkelingsvaardighede maak dit geskik vir ons. “Engen het saam met SAVTEK hierdie erfenisprojek aangegryp en het ontdek dat – behalwe die meganiese aspekte – die uitdaging mense bymekaar gebring het, verhoudings gebou het en ‘n herinnering gebring het dat hoop en nuwe lewe gebeur wanneer liefde en sorg saam kom,” voeg Paul by. Engen het ingestem om R250 000 se pryse beskikbaar te stel en om te help met die bemarking van die kompetisie wat by Agri Megaweek in September 2015 geloods is. Christo Pieterse, voorsitter van SAVTEK se Sentrale Vrystaatklub glo dat die kompetisie grootliks suksesvol was. “Die lae koste van ongeveer R2 500 om ‘n ou enjin te koop en R3 000 om dit te herstel, het die kompetisie baie aantreklik gemaak, met 27 seniors en 14 juniors wat meegeding het,” sê hy. Feature Foto: Die junior wenners van links na regs, Nadine Gouws en haar broers Rudolf en Jaco van Klerksdorp in die derde plek, Gerick Muller van Mosselbaai in die tweede plek en die wenner, Jannie en Liezel Gouws van Klerksdorp met Paul Leask, Engen smeermiddels nasionale verkoopsbestuurder, M.J. Herbst van Bloemfontein in die vierde plek en agter hom, Johan Lourens met sy seun Barend van Bloemfontein wat vyfde was. Bron: Magna-carta
http://www.proagri.co.za/gestremde-skooldogter-wen-engen-se-veteraanenjinoorbou-wedstryd/
af
2016-09-29
www.proagri.co.za/f093229a841572e9c26e3e50f9bc0aee546feea0dcc7e2f5a6ca01647d208c94.json
[ "‘n Paralimpiese skool-atleet presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor. Liezel Gouws van Klerksdorp was die junior wenner van Engen en die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantrekker- en enjinklubs (SAVTEK ) se enjinrestourasie-uitdaging vir 2016.\nDie kompetisie het die restourasie van ‘n stilstaande enjin van ouer as 30 jaar behels. Die wenners van die byeenkoms is by die Bloemfontein Familie Trekker- en Kosfees by die Ferrari Museum in Kwaggafontein, Bloemfontein aangekondig.\nLiezel (17 jr) het die eerste plek in die junior-afdeling vir skoliere verwerf en het R20 000 ontvang. Sy het ‘n 1963 Wolseley-enjin gerestoureer. Sy het ook onlangs aan die Paralimpiese Spele in Rio deelgeneem en in die Klas T37 100 m en 400 m in die finale rondte gehardloop.\nGerick Muller van Mosselbaai was tweede en Rudolf Gouws van Klerksdorp derde. Hulle het albei R15 000 en R10 000 ontvang in die junior-afdeling.\nIn die senior-afdeling (nie ouers as 35 jaar nie), het Torsten Löwe van Pretoria weggestap met die R50 000 eersteprys. Hy het ‘n 1951 Deutz MAH 914-enjin gerestoureer. Tweede was Johann Rust van Kuilsrivier (R20 000) en Francois van Rooyen van Brackenfell (R15 000) was derde.\nAlle deelnemers is versoek om ‘n werkboek met foto’s en dokumentasie van hulle prosesse te voltooi, daarin moet die deelnemer alles wys wat hy regmaak en komponente uitwys wat dalk nie beskikbaar was nie. Saam met die werkboek is hulle enjins uitgestal en beoordeel op ‘n plaaslike vlak in die semi-finaal.\nBy die enjin word daar gekyk of elke moertjie en boutjie oorspronklik is, asook die meganiese werking daarvan en laastens word ‘n onderhoud met die deelnemer by sy enjin gevoer. Die deelnemer beskryf dan aan die beoordelaars hoe hy die restourasieproses ervaar het en hoe daar vooruitgang gemaak is.\n“Ons is baie opgewonde om betrokke te wees by hierdie inisiatief,” sê Paul Leask, Engen smeermiddels se nasionale verkoopsbestuurder. “Engen se verbintenis met veteraantrekkers en ons ondersteuning vir jeugontwikkelingsvaardighede maak dit geskik vir ons.\n“Engen het saam met SAVTEK hierdie erfenisprojek aangegryp en het ontdek dat – behalwe die meganiese aspekte – die uitdaging mense bymekaar gebring het, verhoudings gebou het en ‘n herinnering gebring het dat hoop en nuwe lewe gebeur wanneer liefde en sorg saam kom,” voeg Paul by.\nEngen het ingestem om R250 000 se pryse beskikbaar te stel en om te help met die bemarking van die kompetisie wat by Agri Megaweek in September 2015 geloods is.\nChristo Pieterse, voorsitter van SAVTEK se Sentrale Vrystaatklub glo dat die kompetisie grootliks suksesvol was. “Die lae koste van ongeveer R2 500 om ‘n ou enjin te koop en R3 000 om dit te herstel, het die kompetisie baie aantreklik gemaak, met 27 seniors en 14 juniors wat meegeding het,” sê hy.\nFeature Foto: Die junior wenners van links na regs, Nadine Gouws en haar broers Rudolf en Jaco van Klerksdorp in die derde plek, Gerick Muller van Mosselbaai in die tweede plek en die wenner, Jannie en Liezel Gouws van Klerksdorp met Paul Leask, Engen smeermiddels nasionale verkoopsbestuurder, M.J. Herbst van Bloemfontein in die vierde plek en agter hom, Johan Lourens met sy seun Barend van Bloemfontein wat vyfde was.\nBron: Magna-carta", "Gestremde skooldogter wen Engen se veteraanenjinoorbou-wedstryd", "n Paralimpiese skool-atleet, Liezel Gouws (17 jr) van Klerksdorp, presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor." ]
[]
2016-09-26 21:51:06+00:00
null
2016-09-23 07:02:20
Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fbeste-praktyke-vir-roofdierbestuur-suid-afrika-deel-2%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/jakkals-1.jpg
af
null
Beste praktyke vir roofdierbestuur in Suid-Afrika: Deel 2
null
null
www.proagri.co.za
Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en -beheer. Dit noem ‘n aantal van die metodes wat boere as riglyn kan gebruik (alleen of in kombinasie) om hulle vee teen roofdiere te beskerm. Alle moontlike bestuursmaatreëls moet ingespan word om probleemdiere op ‘n sosiaal aanvaarbare ekonomies verantwoordbare/bekostigbare; ekologies versoenbare en wettige wyse te beheer. Verlede keer is die voorkomende bestuursmaatreëls uitgelig wat gebruik moet word, hierdie keer fokus ons op die regstellende bestuursmaatreëls. Skiet Onmiddellike optrede. Dit is nodig om onmiddellik nadat ‘n roofdier toegeslaan het, te skiet om die spesifieke roofdier wat die skade veroorsaak uit te skakel. Daar moet net geskiet word op die spesifieke plek waar roofdiere vee vang. Presisie. Gebruik slegs ervare probleemdierjagters. Spesie-identifisering. Probleemdierjagters moet spesies korrek identifiseer voordat daar op hulle geskiet word. Noukeurige gebruik van roepapparaat. Slegs ervare probleemdierjagters behoort roepapparaat te gebruik. Slegs rooi soekligte moet gebruik word omdat wit lig diere skugter en ontwykend maak. Skiet vanuit helikopters of mikroligte vliegtuie. Slegs professionele probleemdierjagters behoort van helikopters gebruik te maak. Grondeienaars oor wie se eiendom daar gevlieg gaan word, moet vooraf verwittig word en ook hulle toestemming skriftelik verleen dat roofdiere wel op hulle grond vanuit ‘n helikopter gejag mag word. Vangysters met verstelbare snellerplate Slegs mense wat opgelei is om vangysters te gebruik, moet sulke apparate stel. Vangysters moet verstelbare snellerplate hê. Die ideale snellermassa is 1,8 kg. Vangysters se kake moet ‘n opening van minstens 5 cm hê om beenbreuke aan die teikendier se bene te voorkom. Vangysters moet nie in die normale looppaadjies van diere gestel word nie, maar so gestel word dat dit uit die sig en uit die looppad van ander diere is. Dit moet ook nie in voertuigpaadjies, langs grensheinings, onder deurloopplekke of langs drinkplekke gestel word nie. ‘n Anker moet gebruik word om die slagyster vas te pen sodat die dier wat daarmee gevang is, nie daarmee wegloop nie. Die anker moet met ‘n ketting onderaan die slagyster geheg word. Die ketting moet twee draaiskywe bevat sodat die slagyster vryelik kan beweeg. Vangysters moet minstens een keer elke dag nagegaan word sodat diere nie langer as ‘n paar uur daarin sal vassit nie. ‘n Geskikte lokmiddel soos uriene of mis van die teikendierspesies, moet gebruik word. Verkry sulke materiaal van diere wat wettig aangehou word of versamel dit van diere wat vankant gemaak is. Soek ook na vars mis elders op die plaas waar die diere mag wees. Roofdiere mag nie vir die doeleindes van mis-en urienversameling aangehou word nie. Inloopvanghokke Vanghokke moet van stewige metaal vervaardig word en nie skerp kante hê wat diere sal beseer nie. Vanghokke moet so gestel word dat daar skaduwee is gedurende die warm tye van die dag. Vanghokke moet minstens een keer elke dag nagegaan word. Spesifieke vereistes vir vanghokke verskillende spesies: Rooikat Die hok moet langs die rooikat se looppad geplaas word en net aan die sykante met takke toegepak word. ‘n Opgerolde bolletjie aluminiumfoelie moet in die vanggedeelte van die hok opgehang word. Lokaas in die vorm van skaapvleis of bokvleis is die aangewese manier om die rooikatte na die hokke te lok. Dit is ook sinvol om urine van ‘n rooikat te versamel en as reuklokmiddel in ‘n sandbak in die hok te plaas. Uriene kan bekom word vanaf dieretuine wat rooikatte aanhou en ook vanaf rooikatte wat desnoods vankant gemaak moet word. Wanneer ‘n rooikat wel gevang is, moet dit op menslike wyse vankant gemaak word indien dit nie losgelaat word nie. ‘n Enkele kopskoot met ‘n mediumkaliber vuurwapen is die vinnigste en beste manier om so ‘n dier vankant te maak. Luiperd Die hok moet baie sterk en stewig wees. Dit moet verkieslik naby die luiperd se krapboom geplaas word en glad nie met enige materiaal bedek word nie. Stukke verrottende lokaas moet in die vanghok geplaas word en dit moet met draad vasgemaak word. Bloedspore moet met die lokaas uit verskillende rigtings vanaf 100 meter van die hok af na die hok gesleep word. Die hok moet verkieslik ook met penne in die grond geanker word. Wanneer ‘n luiperd gevang is, moet die hok met ‘n dik seil bedek word sodat die dier kalm bly. ‘n Veearts behoort die dier te verdoof voordat dit vervoer word om te keer dat die luiperd beserings in die hok opdoen. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Wanneer ‘n luiperd vrygelaat word, moet alle mense binne die veiligheid van voertuie wees om aanvalle van die geïrriteerde luiperd te ontkom. Jagluiperd Jagluiperds word geredelik gevang deur ‘n takkraal van ongeveer 20 meter in deursnee te bou en ‘n inloop vanghok as die enigste ingang in die kraal te voorsien. Vangkrale moet opgerig word waar die diere aktief is soos by hulle speelbome. Die inloopvanghok moet aan die agterkant oop wees en bo-op met stewige doringbosse bedek wees. Die lokaas is ten beste ‘n lewende boerboklam of selfs volwasse boerbok. Wanneer ‘n jagluiperd gevang is, moet die hok bedek word en die dier kan gemaklik vervoer word. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Jagluiperds mag nie doodgemaak word nie en moet hervestig word. Bruin hiëna Luiperdvanghokke is noodsaaklik vir bruin hiënas omdat die diere geweldig sterk is en swak hokke maklik oopbreek. Die hokke kan naby die plek waar die dier vee gevang het, opgerig word en kan sonder enige bedekking gestel word. Die beste lokaas is lammerkarkasse of selfs dooie hoenders. Reukspore kan ook na die hok gesleep word om die bruin hiëna nader te lok. Wanneer bruin hiënas gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie. Wanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word. Hokke hoef nie met enige plante verskans te word nie, maar maar moet wel bedek word nadat die diere gevang is om hulle kalm te hou. Dit is wenslik om hulle deur ‘n veearts te laat verdoof voordat hulle vervoer word. Otters Otters word maklik met rooikatvanghokke gevang. Gebruik reste van eende, ganse of klein lammers as lokaas. Vanghokke moet langs visdamme opgerig word en moet stewig geanker word sodat die dier se beweging in die hok nie daartoe lei dat die hok in die water val nie. Wanneer otters gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie. Silwervos en groukat Gewone rooikatvanghokke met lammerreste as lokaas werk baie goed vir albei diere. Wanneer hulle wel gevang word, is dit wenslik om hulle in klein (5 meter by 5 meter) draadkampies met draadbedekking bo-oor aan te hou tot tyd en wyl lammers te groot is om deur hulle gevang te word. Let wel: Alvorens so iets aangepak word, moet die grondeienaar eers ‘n permit by die provinsiale natuurbewaringsowerheid bekom. Die diere moet van koelte (takke oor ‘n deel van die hok), vars water en daaglikse kos soos springhaas- en haasreste voorsien word. Wanneer die rooftyd verby is, moet hulle weer in hulle eie gebied vrygelaat word. Bykomende veiligheidsmaatreëls vir vanghokke Diere met lang sterte soos luiperds en jagluiperds se sterte word soms erg beseer wanneer die valhekke daarop val. Dit is dus wenslik om die onderkant van die valhek met dik, sponsagtige rubber te bedek om sulke beserings te voorkom. Ongebruikte vanghokke moet nie in die veld gelaat word en moet veilig op die plaaswerf in ‘n skuur gebêre word sodat dit nie in die hande van stropers val nie. Gebruik van gifstowwe Giflokaas Geen vergiftigde lokaas mag in Suid-Afrika gebruik word nie. Regulasie R1716 van 26 Julie 1991 van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) verbied die gebruik van enige plaagdoders vir doeleindes anders as dit wat op etikette aangedui word. Daar is geen plaagdoders vir die doodmaak van roofdiere geregistreer nie en dus mag geen plaagdoders daarvoor aangewend word nie. Gifhalsbande Gifhalsbande wat met natriummonofluoorasetaat gevul is, mag wel gebruik word om skadeveroorsaakende roofdiere selektief mee vankant te maak. Geen ander gifstowwe mag in gifhalsbande gebruik word nie. Gifhalsbande mag ook slegs gevul en voorsien word deur mense wat die nodige permitte ingevolge die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, 1973 (Wet 15 van 1973) daarvoor het. In ’n kamp waar roofdierbedrywighede plaasvind word ‘n aantal jong lammers met gifhalsbande toegerus en saam met volwasse skaap laat loop. Enige roofdier wat met gif vankant gemaak is, moet onmiddellik baie diep begrawe of totaal verbrand word om sekondêre vergiftiging te voorkom. Jag met honde Soek, vind en vankant maak. Slegs opgeleide jaghonde moet gebruik word. Honde moet nie vryelik in die veld rondhardloop nie en aan leibande gehou word totdat die teikendier sigbaar word. Jaghonde moet baie goed versorg word sodat hulle nie uit hongersnood agter wild aanhardloop en op die manier jag nie. Jaghonde moet gereeld ingeënt word en deur ‘n veearts ondersoek word om optimale gesondheid te verseker. Soek en vind. Dis waar honde gebruik word om die roofdier se spoor te vat en die dier te vind waarna die roofdier dan doodgeskiet word. Honde moet as spoorhonde opgelei word. Honde moet nie losgelaat word om self die roofdier dood te maak nie. Indien die roofdier opgespoor word, moet dit geskiet word. Opspoor te perd en dan doodmaak. Dis waar perderuiters die roofdier se spoor vat en die roofdier dan in ‘n skuiling, soos ‘n erdvarkgat, injaag. Opleiding deur gekwalifiseerde persone en geloofwaardige instansies Beginsels van roofdierbestuur, identifisering van roofdiere verantwoordelik vir veeverliese en die gebruik van geskikte beheermaatreëls is onontbeerlik. Skakel gerus met die sekretariaat van die Predasiebestuursforum vir verdere inligting in die verband of om ‘n kursus aan te vra. Opleiding is belangrik vir sowel die boer as die plaaspersoneel wat by veebestuur en -produksie betrokke is. Samevatting Die omvattende verskeidenheid metodes om roofdiere mee te bestuur gee vir veeboere en wildboere genoeg opsies om die roofdierprobleem redelik doeltreffend te bestuur. Dit is belangrik om alle opsies te oorweeg en verskeie metodes gelyktydig te ontplooi. Voorkomende maatreëls is meestal goedkoper as regstellende maatreëls en beskerm ook die boer se vee en wild teen aanvalle van roofdiere. Verdermeer behoort boere binne gemeenskapsverband saam te werk omdat roofdiere oor baie groot gebiede beweeg en ‘n enkele dier op verskeie plase skade sal aanrig. Die algehele uitwissing van roofdiere is nie haalbaar nie maar die probleem kan wel beheer word met goeie beplanning en die ekologies sensitiewe aanwending van bestuursmaatreëls. Bron: Predasiebestuursforum
http://www.proagri.co.za/beste-praktyke-vir-roofdierbestuur-suid-afrika-deel-2/
af
2016-09-23
www.proagri.co.za/7e2fa82e2855fd95a77eef8723a508df8a7c43a12f64102a0b1bf4fc18612f4c.json
[ "Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en -beheer. Dit noem ‘n aantal van die metodes wat boere as riglyn kan gebruik (alleen of in kombinasie) om hulle vee teen roofdiere te beskerm.\nAlle moontlike bestuursmaatreëls moet ingespan word om probleemdiere op ‘n sosiaal aanvaarbare ekonomies verantwoordbare/bekostigbare; ekologies versoenbare en wettige wyse te beheer.\nVerlede keer is die voorkomende bestuursmaatreëls uitgelig wat gebruik moet word, hierdie keer fokus ons op die regstellende bestuursmaatreëls.\nSkiet\nOnmiddellike optrede. Dit is nodig om onmiddellik nadat ‘n roofdier toegeslaan het, te skiet om die spesifieke roofdier wat die skade veroorsaak uit te skakel.\nDaar moet net geskiet word op die spesifieke plek waar roofdiere vee vang.\nPresisie. Gebruik slegs ervare probleemdierjagters.\nSpesie-identifisering. Probleemdierjagters moet spesies korrek identifiseer voordat daar op hulle geskiet word.\nNoukeurige gebruik van roepapparaat. Slegs ervare probleemdierjagters behoort roepapparaat te gebruik.\nSlegs rooi soekligte moet gebruik word omdat wit lig diere skugter en ontwykend maak.\nSkiet vanuit helikopters of mikroligte vliegtuie. Slegs professionele probleemdierjagters behoort van helikopters gebruik te maak.\nGrondeienaars oor wie se eiendom daar gevlieg gaan word, moet vooraf verwittig word en ook hulle toestemming skriftelik verleen dat roofdiere wel op hulle grond vanuit ‘n helikopter gejag mag word.\nVangysters met verstelbare snellerplate\nSlegs mense wat opgelei is om vangysters te gebruik, moet sulke apparate stel.\nVangysters moet verstelbare snellerplate hê.\nDie ideale snellermassa is 1,8 kg.\nVangysters se kake moet ‘n opening van minstens 5 cm hê om beenbreuke aan die teikendier se bene te voorkom.\nVangysters moet nie in die normale looppaadjies van diere gestel word nie, maar so gestel word dat dit uit die sig en uit die looppad van ander diere is. Dit moet ook nie in voertuigpaadjies, langs grensheinings, onder deurloopplekke of langs drinkplekke gestel word nie.\n‘n Anker moet gebruik word om die slagyster vas te pen sodat die dier wat daarmee gevang is, nie daarmee wegloop nie. Die anker moet met ‘n ketting onderaan die slagyster geheg word. Die ketting moet twee draaiskywe bevat sodat die slagyster vryelik kan beweeg.\nVangysters moet minstens een keer elke dag nagegaan word sodat diere nie langer as ‘n paar uur daarin sal vassit nie.\n‘n Geskikte lokmiddel soos uriene of mis van die teikendierspesies, moet gebruik word. Verkry sulke materiaal van diere wat wettig aangehou word of versamel dit van diere wat vankant gemaak is. Soek ook na vars mis elders op die plaas waar die diere mag wees. Roofdiere mag nie vir die doeleindes van mis-en urienversameling aangehou word nie.\nInloopvanghokke\nVanghokke moet van stewige metaal vervaardig word en nie skerp kante hê wat diere sal beseer nie.\nVanghokke moet so gestel word dat daar skaduwee is gedurende die warm tye van die dag.\nVanghokke moet minstens een keer elke dag nagegaan word.\nSpesifieke vereistes vir vanghokke verskillende spesies:\nRooikat\nDie hok moet langs die rooikat se looppad geplaas word en net aan die sykante met takke toegepak word.\n‘n Opgerolde bolletjie aluminiumfoelie moet in die vanggedeelte van die hok opgehang word.\nLokaas in die vorm van skaapvleis of bokvleis is die aangewese manier om die rooikatte na die hokke te lok.\nDit is ook sinvol om urine van ‘n rooikat te versamel en as reuklokmiddel in ‘n sandbak in die hok te plaas. Uriene kan bekom word vanaf dieretuine wat rooikatte aanhou en ook vanaf rooikatte wat desnoods vankant gemaak moet word.\nWanneer ‘n rooikat wel gevang is, moet dit op menslike wyse vankant gemaak word indien dit nie losgelaat word nie. ‘n Enkele kopskoot met ‘n mediumkaliber vuurwapen is die vinnigste en beste manier om so ‘n dier vankant te maak.\nLuiperd\nDie hok moet baie sterk en stewig wees. Dit moet verkieslik naby die luiperd se krapboom geplaas word en glad nie met enige materiaal bedek word nie.\nStukke verrottende lokaas moet in die vanghok geplaas word en dit moet met draad vasgemaak word.\nBloedspore moet met die lokaas uit verskillende rigtings vanaf 100 meter van die hok af na die hok gesleep word.\nDie hok moet verkieslik ook met penne in die grond geanker word.\nWanneer ‘n luiperd gevang is, moet die hok met ‘n dik seil bedek word sodat die dier kalm bly.\n‘n Veearts behoort die dier te verdoof voordat dit vervoer word om te keer dat die luiperd beserings in die hok opdoen.\nWanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word.\nWanneer ‘n luiperd vrygelaat word, moet alle mense binne die veiligheid van voertuie wees om aanvalle van die geïrriteerde luiperd te ontkom.\nJagluiperd\nJagluiperds word geredelik gevang deur ‘n takkraal van ongeveer 20 meter in deursnee te bou en ‘n inloop vanghok as die enigste ingang in die kraal te voorsien.\nVangkrale moet opgerig word waar die diere aktief is soos by hulle speelbome.\nDie inloopvanghok moet aan die agterkant oop wees en bo-op met stewige doringbosse bedek wees.\nDie lokaas is ten beste ‘n lewende boerboklam of selfs volwasse boerbok.\nWanneer ‘n jagluiperd gevang is, moet die hok bedek word en die dier kan gemaklik vervoer word.\nWanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word.\nJagluiperds mag nie doodgemaak word nie en moet hervestig word.\nBruin hiëna\nLuiperdvanghokke is noodsaaklik vir bruin hiënas omdat die diere geweldig sterk is en swak hokke maklik oopbreek.\nDie hokke kan naby die plek waar die dier vee gevang het, opgerig word en kan sonder enige bedekking gestel word.\nDie beste lokaas is lammerkarkasse of selfs dooie hoenders.\nReukspore kan ook na die hok gesleep word om die bruin hiëna nader te lok.\nWanneer bruin hiënas gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie.\nWanneer ‘n wyfie wat oënskynlik soog gevang word, moet alles moontlik gedoen word om die kleintjies op te spoor sodat hulle na geregistreerde rehabilitasiesentrum vir grootmaak en vrylating geneem kan word.\nHokke hoef nie met enige plante verskans te word nie, maar maar moet wel bedek word nadat die diere gevang is om hulle kalm te hou.\nDit is wenslik om hulle deur ‘n veearts te laat verdoof voordat hulle vervoer word.\nOtters\nOtters word maklik met rooikatvanghokke gevang.\nGebruik reste van eende, ganse of klein lammers as lokaas.\nVanghokke moet langs visdamme opgerig word en moet stewig geanker word sodat die dier se beweging in die hok nie daartoe lei dat die hok in die water val nie.\nWanneer otters gevang word, moet hulle hervestig word en nie vankant gemaak word nie.\nSilwervos en groukat\nGewone rooikatvanghokke met lammerreste as lokaas werk baie goed vir albei diere.\nWanneer hulle wel gevang word, is dit wenslik om hulle in klein (5 meter by 5 meter) draadkampies met draadbedekking bo-oor aan te hou tot tyd en wyl lammers te groot is om deur hulle gevang te word. Let wel: Alvorens so iets aangepak word, moet die grondeienaar eers ‘n permit by die provinsiale natuurbewaringsowerheid bekom.\nDie diere moet van koelte (takke oor ‘n deel van die hok), vars water en daaglikse kos soos springhaas- en haasreste voorsien word.\nWanneer die rooftyd verby is, moet hulle weer in hulle eie gebied vrygelaat word.\nBykomende veiligheidsmaatreëls vir vanghokke\nDiere met lang sterte soos luiperds en jagluiperds se sterte word soms erg beseer wanneer die valhekke daarop val. Dit is dus wenslik om die onderkant van die valhek met dik, sponsagtige rubber te bedek om sulke beserings te voorkom.\nOngebruikte vanghokke moet nie in die veld gelaat word en moet veilig op die plaaswerf in ‘n skuur gebêre word sodat dit nie in die hande van stropers val nie.\nGebruik van gifstowwe\nGiflokaas\nGeen vergiftigde lokaas mag in Suid-Afrika gebruik word nie.\nRegulasie R1716 van 26 Julie 1991 van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) verbied die gebruik van enige plaagdoders vir doeleindes anders as dit wat op etikette aangedui word. Daar is geen plaagdoders vir die doodmaak van roofdiere geregistreer nie en dus mag geen plaagdoders daarvoor aangewend word nie.\nGifhalsbande\nGifhalsbande wat met natriummonofluoorasetaat gevul is, mag wel gebruik word om skadeveroorsaakende roofdiere selektief mee vankant te maak. Geen ander gifstowwe mag in gifhalsbande gebruik word nie.\nGifhalsbande mag ook slegs gevul en voorsien word deur mense wat die nodige permitte ingevolge die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, 1973 (Wet 15 van 1973) daarvoor het.\nIn ’n kamp waar roofdierbedrywighede plaasvind word ‘n aantal jong lammers met gifhalsbande toegerus en saam met volwasse skaap laat loop.\nEnige roofdier wat met gif vankant gemaak is, moet onmiddellik baie diep begrawe of totaal verbrand word om sekondêre vergiftiging te voorkom.\nJag met honde\nSoek, vind en vankant maak.\nSlegs opgeleide jaghonde moet gebruik word.\nHonde moet nie vryelik in die veld rondhardloop nie en aan leibande gehou word totdat die teikendier sigbaar word.\nJaghonde moet baie goed versorg word sodat hulle nie uit hongersnood agter wild aanhardloop en op die manier jag nie.\nJaghonde moet gereeld ingeënt word en deur ‘n veearts ondersoek word om optimale gesondheid te verseker.\nSoek en vind. Dis waar honde gebruik word om die roofdier se spoor te vat en die dier te vind waarna die roofdier dan doodgeskiet word.\nHonde moet as spoorhonde opgelei word.\nHonde moet nie losgelaat word om self die roofdier dood te maak nie.\nIndien die roofdier opgespoor word, moet dit geskiet word.\nOpspoor te perd en dan doodmaak. Dis waar perderuiters die roofdier se spoor vat en die roofdier dan in ‘n skuiling, soos ‘n erdvarkgat, injaag.\nOpleiding deur gekwalifiseerde persone en geloofwaardige instansies\nBeginsels van roofdierbestuur, identifisering van roofdiere verantwoordelik vir veeverliese en die gebruik van geskikte beheermaatreëls is onontbeerlik. Skakel gerus met die sekretariaat van die Predasiebestuursforum vir verdere inligting in die verband of om ‘n kursus aan te vra. Opleiding is belangrik vir sowel die boer as die plaaspersoneel wat by veebestuur en -produksie betrokke is.\nSamevatting\nDie omvattende verskeidenheid metodes om roofdiere mee te bestuur gee vir veeboere en wildboere genoeg opsies om die roofdierprobleem redelik doeltreffend te bestuur. Dit is belangrik om alle opsies te oorweeg en verskeie metodes gelyktydig te ontplooi.\nVoorkomende maatreëls is meestal goedkoper as regstellende maatreëls en beskerm ook die boer se vee en wild teen aanvalle van roofdiere.\nVerdermeer behoort boere binne gemeenskapsverband saam te werk omdat roofdiere oor baie groot gebiede beweeg en ‘n enkele dier op verskeie plase skade sal aanrig.\nDie algehele uitwissing van roofdiere is nie haalbaar nie maar die probleem kan wel beheer word met goeie beplanning en die ekologies sensitiewe aanwending van bestuursmaatreëls.\nBron: Predasiebestuursforum", "Beste praktyke vir roofdierbestuur in Suid-Afrika: Deel 2", "Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere." ]
[]
2016-09-21 07:36:25+00:00
null
2016-09-21 07:59:26
’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fvl-help-meer-5-700-boere-die-droogte%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Bale-VL.jpg
af
null
VL help meer as 5 700 boere in die droogte
null
null
www.proagri.co.za
’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang. Meer as 540 nuweling- en bestaansboere is ook bygestaan met 13 vragte voer. Op Dinsdag, 20 September 2016, het die Geluksdam Boerevereniging buite Bloemfontein ’n deel van die vrag voer wat hulle van besproeiingsboere van Luckhoff ontvang het, aan nuwelingboere van Lorierpark buite die stad geskenk. AfriVet het die groep ook bygestaan met vitamien- en mineraal-aanvullings ter waarde van R12 000. Zach Choane, een van die nuwelingboere, sê oorlewing as boer en die aankoop van voer is ’n stryd die afgelope 11 maande en hulle is dankbaar vir enige bystand. Volgens Zach het hulle nog geen hulp van die staat ontvang sedert die aanbreek van die droogte nie. Die groep het sowat 240 beeste. Boere van Geluksdam sê van hulle het redelik reën ontvang gedurende Julie en hulle wou eerder die bale wat hulle ontvang het met diegene deel wat dit nodiger het. “Ons boerderye is nie ver van Lorierpark nie, en ons kan die mense en diere se swaarkry sien, derhalwe het ons besluit om van die voer vir hulle te gee. Ons weet dit los nie al hulle probleme op nie, maar dit kan hopelik verligting vir ’n tyd lank bring,” sê Laurens Schlebusch, boer en streekverteenwoordiger vir VL. Van die ander gebiede se nuwelingboere wat al bygestaan is, sluit in Steynsrus, Oppermansgronde, Trompsburg, Edenburg, Koffiefontein, Fauresmith en Jagersfontein. VL het die verspreiding van 15 646 bale, 20 ton voerhawer, 17 301 sakke droogtepille/voer/lekblokke asook 3 400 liter minerale- en vitamienestroop van AfriVet oor 71 934 km gereël. Sowat R2 017-miljoen is spandeer vir die aankoop van 9 710 sakke droogtepille en die baal van mieliereste, terwyl vervoerkostes sowat R1 205-miljoen beloop het. Die totaal tot dusver spandeer beloop net meer as R3 222-miljoen. Dié fondse is afkomstig van VL se eie rampfonds asook fondse wat Agri SA se Droogtehulpfonds aan VL toegeken het. Henk Vermeulen, hoofuitvoerende beampte van VL, sê: “Ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor elke individu, organisasie en sakeonderneming wat steun aan boere in hierdie uitdagende tyd bied!” Bron: Vrystaat Landbou
http://www.proagri.co.za/vl-help-meer-5-700-boere-die-droogte/
af
2016-09-21
www.proagri.co.za/9512a1e6e4bddbc3ebb8a907ae4cb275f4ab7ea0b2529f62103a0fe45a35b530.json
[ "’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang. Meer as 540 nuweling- en bestaansboere is ook bygestaan met 13 vragte voer.\nOp Dinsdag, 20 September 2016, het die Geluksdam Boerevereniging buite Bloemfontein ’n deel van die vrag voer wat hulle van besproeiingsboere van Luckhoff ontvang het, aan nuwelingboere van Lorierpark buite die stad geskenk. AfriVet het die groep ook bygestaan met vitamien- en mineraal-aanvullings ter waarde van R12 000.\nZach Choane, een van die nuwelingboere, sê oorlewing as boer en die aankoop van voer is ’n stryd die afgelope 11 maande en hulle is dankbaar vir enige bystand. Volgens Zach het hulle nog geen hulp van die staat ontvang sedert die aanbreek van die droogte nie. Die groep het sowat 240 beeste.\nBoere van Geluksdam sê van hulle het redelik reën ontvang gedurende Julie en hulle wou eerder die bale wat hulle ontvang het met diegene deel wat dit nodiger het. “Ons boerderye is nie ver van Lorierpark nie, en ons kan die mense en diere se swaarkry sien, derhalwe het ons besluit om van die voer vir hulle te gee. Ons weet dit los nie al hulle probleme op nie, maar dit kan hopelik verligting vir ’n tyd lank bring,” sê Laurens Schlebusch, boer en streekverteenwoordiger vir VL.\nVan die ander gebiede se nuwelingboere wat al bygestaan is, sluit in Steynsrus, Oppermansgronde, Trompsburg, Edenburg, Koffiefontein, Fauresmith en Jagersfontein.\nVL het die verspreiding van 15 646 bale, 20 ton voerhawer, 17 301 sakke droogtepille/voer/lekblokke asook 3 400 liter minerale- en vitamienestroop van AfriVet oor 71 934 km gereël. Sowat R2 017-miljoen is spandeer vir die aankoop van 9 710 sakke droogtepille en die baal van mieliereste, terwyl vervoerkostes sowat R1 205-miljoen beloop het. Die totaal tot dusver spandeer beloop net meer as R3 222-miljoen. Dié fondse is afkomstig van VL se eie rampfonds asook fondse wat Agri SA se Droogtehulpfonds aan VL toegeken het.\nHenk Vermeulen, hoofuitvoerende beampte van VL, sê: “Ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor elke individu, organisasie en sakeonderneming wat steun aan boere in hierdie uitdagende tyd bied!”\nBron: Vrystaat Landbou", "VL help meer as 5 700 boere in die droogte", "’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang." ]
[ "Dom Boer" ]
2016-09-28 09:59:48+00:00
null
2016-09-28 11:01:25
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fdom-boer-se-lag-vir-die-dag-199%2F.json
http://proagri.local/wp-content/uploads/2014/04/trekkertjie.jpg
af
null
Dom Boer se lag vir die dag:
null
null
www.proagri.co.za
Daar is altyd ‘n prys By ‘n vervelige onthaal sien ‘n jongman ‘n statige middeljarige dame met ‘n pragtige enkele diamant aan ‘n snoer om haar nek. Jongman: “Verskoon my dat ek vra, maar ek kan nie help om die pragtige diamant op te merk nie. Dit is werklik iets besonders.” Statige dame: “Ja, dit is die Heinitz-diamant.” Jongman: “Die Heinitz -diamant? Ek is bevrees ek het nog nooit van die diamant gehoor nie.” Statige dame: “Ja, min mense weet van hom. Hy is net effens kleiner as die Hope-diamant en net soos met die Hope-diamant moet enigeen wat hom dra met ‘n verskriklike vloek saamleef…” Jongman: “Genugtig! Watse vloek?” Statige dame: “Meneer Heinitz.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-199/
af
2016-09-28
www.proagri.co.za/a55a0c240c1f3b517ffa6e92b8714e34c0e3189dbf6e1969bc7e4d515f3719c2.json
[ "Daar is altyd ‘n prys\nBy ‘n vervelige onthaal sien ‘n jongman ‘n statige middeljarige dame met ‘n pragtige enkele diamant aan ‘n snoer om haar nek.\nJongman: “Verskoon my dat ek vra, maar ek kan nie help om die pragtige diamant op te merk nie. Dit is werklik iets besonders.”\nStatige dame: “Ja, dit is die Heinitz-diamant.”\nJongman: “Die Heinitz -diamant? Ek is bevrees ek het nog nooit van die diamant gehoor nie.”\nStatige dame: “Ja, min mense weet van hom. Hy is net effens kleiner as die Hope-diamant en net soos met die Hope-diamant moet enigeen wat hom dra met ‘n verskriklike vloek saamleef…”\nJongman: “Genugtig! Watse vloek?”\nStatige dame: “Meneer Heinitz.”", "Dom Boer se lag vir die dag:" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-28 09:59:45+00:00
null
2016-09-28 11:34:54
Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fnuwe-slimfoon-toepassing-voorkom-botsings-japan%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/driving-barista_1800x1800.jpg
af
null
Nuwe slimfoon-toepassing voorkom botsings in Japan
null
null
www.proagri.co.za
Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie. Die Toyota-Motorkorporasie, die Komeda-maatskappy Beperk en die KDDI-korporasie het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Die toepassing kyk of die bestuurder sy foon gebruik en indien nie kry hy ‘n gratis yskoffie. Die veldtog is daarop gemik om die aantal botsings in die Aichi-streek te verminder – dit is die streek waar die meeste botsings as gevolg van slimfone voorkom. Die Driving Barista-slimfoontoepassing kan net binne die Aichi-streek gebruik word. Die toepassing gebruik ’n girosensor om die hoek waarteen die foon gehou word te meet en die GPS om die afstand gery te bepaal, en bereken dan die afstand wat die bestuurder met die foon met sy gesiggie na onder gery het. Wanneer die saamgestelde afstand die 100 km-kerf bereik, ontvang die bestuurder ’n koepon vir ’n gratis yskoffie by ’n Komeda-koffiewinkel. Toyota SA hoop Suid-Afrikaners sal ook hierin belangstel as hulle iets gratis kan kry. “Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste padongeluksyfers en nagenoeg 25% van hierdie botsings word deur bestuurders veroorsaak wat hulle selfone agter die stuur gebruik,” het Glenn Crompton, visepresident van bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Suid-Afrika ervaar ’n toename in ongelukke wat veroorsaak word wanneer motoriste hulle slimfone in die ry gebruik, wat ’n groot ekonomiese uitwerking op die land se BBP het. Toepassings soos Driving Barista kan help om padongelukke wat deur selfoongebruik veroorsaak word, aansienlik te verminder, wat ons paaie nie net veiliger sal maak nie, maar ook die uitwerking daarvan op die ekonomie sal verminder. Driving Barista is nog in die loodsfase, maar ons hoop dat soortgelyke toepassings gou hul opwagting in Suid-Afrika sal maak.” Die Aichi-streek het die afgelope 13 jaar agtereenvolgens die meeste noodlottige botsings in Japan gehad. In 2015 was daar 44 369 botsings wat beserings of sterftes veroorsaak het. Daarbenewens was daar ook 50 101 in hegtenisnemings weens die gebruik van slimfone agter die stuur. Volgens een peiling het sowat 60% van die deelnemers erken hulle gebruik hulle selfone wanneer hulle bestuur, terwyl sowat die helfte van hulle gesê het hulle ry met net een hand op die stuurwiel. Die maatskappye hoop nou die nuwe toepassings sal bestuurders se bewustheid verhoog om nie hulle slimfone te gebruik wanneer hulle bestuur nie. Bron: Nuusvrystelling
http://www.proagri.co.za/nuwe-slimfoon-toepassing-voorkom-botsings-japan/
af
2016-09-28
www.proagri.co.za/66333bb0cf3cd6be4ed6bb8531ba24d90868dbfd7125b9daee5245ae78cfedc7.json
[ "Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie.\nDie Toyota-Motorkorporasie, die Komeda-maatskappy Beperk en die KDDI-korporasie het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Die toepassing kyk of die bestuurder sy foon gebruik en indien nie kry hy ‘n gratis yskoffie. Die veldtog is daarop gemik om die aantal botsings in die Aichi-streek te verminder – dit is die streek waar die meeste botsings as gevolg van slimfone voorkom.\nDie Driving Barista-slimfoontoepassing kan net binne die Aichi-streek gebruik word. Die toepassing gebruik ’n girosensor om die hoek waarteen die foon gehou word te meet en die GPS om die afstand gery te bepaal, en bereken dan die afstand wat die bestuurder met die foon met sy gesiggie na onder gery het. Wanneer die saamgestelde afstand die 100 km-kerf bereik, ontvang die bestuurder ’n koepon vir ’n gratis yskoffie by ’n Komeda-koffiewinkel.\nToyota SA hoop Suid-Afrikaners sal ook hierin belangstel as hulle iets gratis kan kry.\n“Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste padongeluksyfers en nagenoeg 25% van hierdie botsings word deur bestuurders veroorsaak wat hulle selfone agter die stuur gebruik,” het Glenn Crompton, visepresident van bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Suid-Afrika ervaar ’n toename in ongelukke wat veroorsaak word wanneer motoriste hulle slimfone in die ry gebruik, wat ’n groot ekonomiese uitwerking op die land se BBP het. Toepassings soos Driving Barista kan help om padongelukke wat deur selfoongebruik veroorsaak word, aansienlik te verminder, wat ons paaie nie net veiliger sal maak nie, maar ook die uitwerking daarvan op die ekonomie sal verminder. Driving Barista is nog in die loodsfase, maar ons hoop dat soortgelyke toepassings gou hul opwagting in Suid-Afrika sal maak.”\nDie Aichi-streek het die afgelope 13 jaar agtereenvolgens die meeste noodlottige botsings in Japan gehad. In 2015 was daar 44 369 botsings wat beserings of sterftes veroorsaak het. Daarbenewens was daar ook 50 101 in hegtenisnemings weens die gebruik van slimfone agter die stuur.\nVolgens een peiling het sowat 60% van die deelnemers erken hulle gebruik hulle selfone wanneer hulle bestuur, terwyl sowat die helfte van hulle gesê het hulle ry met net een hand op die stuurwiel. Die maatskappye hoop nou die nuwe toepassings sal bestuurders se bewustheid verhoog om nie hulle slimfone te gebruik wanneer hulle bestuur nie.\nBron: Nuusvrystelling", "Nuwe slimfoon-toepassing voorkom botsings in Japan", "Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-21 14:18:16+00:00
null
2016-09-21 14:04:49
Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Frooivleispryse-kan-met-15-styg%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/rooivleis.jpg
af
null
Rooivleispryse kan met 15% styg
null
null
www.proagri.co.za
Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg. Paul Makube, landbou-ekonoom, sê die styging is te wyte aan die voorsiening van vee wat minder geword het. “Dit is as gevolg van die droogte, dit het boere gedwing om hulle beeskuddes te verklein.” Indien die reën kom kan boere weer hulle kuddes opbou. “As die getalle weer toeneem sal die produksiesiklusse ook toeneem,” het hy gesê. Rooivleisslagtings was ook vanjaar aansienlik hoër in vergelyking met die afgelope drie jaar as gevolg van die droogte. Volgens FNB is die slagting van skape tans 111% hoër as in 2015. Stygende verbruikersaanvraag is ook ‘n faktor wat bydra tot die hoër pryse voor die feesseisoen. Daar word ‘n seisoenale prysverhogings tussen R3,4 per kilogram en R5,7 per kilogram vir Klas A beesvleis verwag. “Verbruikers wat verkies om ‘n Klas A-lam oor die feestyd te braai kan verwag om tussen R5,6 en R9,4 per kilogram meer te betaal,” sê Paul. Die stygende rooivleispryse kan die vraag na varkvleis bevoordeel. “Verbruikers sal oorskakel na meer bekostigbare vleis.” Maar dit is nie noodwendig waar vir pluimvee nie aangesien invoere ‘n impak op pluimvee se pryse het. Dit gaan ook oor waar jy vleis aankoop, want bemarkingskostes is ook by die pryse ingesluit. Bron: Fin24.com
http://www.proagri.co.za/rooivleispryse-kan-met-15-styg/
af
2016-09-21
www.proagri.co.za/f94ee335f5cbf56794e5bd8c9671e37b6b515b151fb319f8bade490a2884d082.json
[ "Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg. Paul Makube, landbou-ekonoom, sê die styging is te wyte aan die voorsiening van vee wat minder geword het. “Dit is as gevolg van die droogte, dit het boere gedwing om hulle beeskuddes te verklein.”\nIndien die reën kom kan boere weer hulle kuddes opbou. “As die getalle weer toeneem sal die produksiesiklusse ook toeneem,” het hy gesê.\nRooivleisslagtings was ook vanjaar aansienlik hoër in vergelyking met die afgelope drie jaar as gevolg van die droogte. Volgens FNB is die slagting van skape tans 111% hoër as in 2015. Stygende verbruikersaanvraag is ook ‘n faktor wat bydra tot die hoër pryse voor die feesseisoen.\nDaar word ‘n seisoenale prysverhogings tussen R3,4 per kilogram en R5,7 per kilogram vir Klas A beesvleis verwag.\n“Verbruikers wat verkies om ‘n Klas A-lam oor die feestyd te braai kan verwag om tussen R5,6 en R9,4 per kilogram meer te betaal,” sê Paul.\nDie stygende rooivleispryse kan die vraag na varkvleis bevoordeel. “Verbruikers sal oorskakel na meer bekostigbare vleis.”\nMaar dit is nie noodwendig waar vir pluimvee nie aangesien invoere ‘n impak op pluimvee se pryse het. Dit gaan ook oor waar jy vleis aankoop, want bemarkingskostes is ook by die pryse ingesluit.\nBron: Fin24.com", "Rooivleispryse kan met 15% styg", "Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg." ]
[]
2016-09-20 07:35:31+00:00
null
2016-09-20 07:40:50
Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fveediewe-loop-hulle-rieme-styf-die-vrystaat%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Boeie3.jpg
af
null
Veediewe loop hulle rieme styf in die Vrystaat
null
null
www.proagri.co.za
Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape gesteel het en in die tweede voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle besig was om 10 beeste te steel. Lomon Terreblanche, veiligheidskoördineer van die Edenville Boerevereniging, sê die arrestasies spruit uit goeie samewerking tussen boere en die Polisie. Veediewe teiken die gebied die afgelope paar maande, en die vermoede bestaan dat die aangekeerde verdagtes met meer as een saak verbind kan word. Die arrestasies het gevolg na die boere wat die gebied gepatrolleer het, die Polisie van verdagte optrede in kennis gestel het. Boere patrolleer die gebied elke nag met sewe voertuie. In ’n derde voorval is vier verdagtes in die Brandfort-distrik aangekeer terwyl hulle besig was om 43 beeste te steel. Die groep word al lank deur die Valke ondersoek en nadat inligting van beplande aktiwiteite uit die gebied ontvang is, kon die Polisie op hulle toeslaan. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, sê twee voorvalle waartydens die Polisie vyf verdagtes vir skrootdiefstal in hegtenis geneem het, is ook die naweek aangemeld. Die twee voorvalle het in Deneysville en Oranjeville voorgekom. “Ons wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die talle boere en Polisiebeamptes wat hulle beste gee om misdadigers aan te keer. Talle Polisiebeamptes doen hulle uiterste bes om veral veediefstal te probeer bekamp. Dit is jammer dat talle van hierdie geesdriftige mense se werk bemoeilik word deur ’n gebrek aan voertuie by Polisiestasies. Ons is bewus van veediefstalbeamptes wat al 22 km per voet afgelê het om by tonele uit te kom,” aldus Tommie. Die tekort aan voertuie is ’n kwessie wat gereeld met die topbestuur van die Polisie bespreek word. Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum Tommie het ook die Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum bedank vir hulle harde werk om veediefstal tussen die Vrystaat, Gauteng en Noordwes vas te vat. Een van die sake waarop die forum tans fokus, in samewerking met die Polisie, is veediewe wat diere met kapmesse doodmaak en slag. “Hulle kap meestal die beeste se hakskene met pangas af en sny die beeste se boude af,” verduidelik Johan Stadler, voorsitter. Die groep het sedert 29 Julie 2016 al vyf keer toegeslaan op plase in Noordwes en die Vrystaat. Met die laaste twee voorvalle is die groep wel vort sonder van die vleis en hulle slagmesse. Statistiek Die lessenaar het die afgelope twee en ’n half maande 43 ernstige voorvalle van veediefstal in die Vrystaat aangeteken. Meer as 190 beeste, 700 skape en 10 perde is tydens dié voorvalle gesteel. Dit wil voorkom of skape die meeste gesteel word, met vier voorvalle van meer as 120 skaap wat per insident gesteel is. In een voorval by Ficksburg aangemeld, is 169 skape gesteel en in twee voorvalle by Brandfort is 126 en 129 skape gesteel. ’n Voorval is ook by Qwa-Qwa aangemeld waar meer as 120 skape gesteel is. Meer as 25 verdagtes is in verband met nege voorvalle aangekeer deur boere en/of die Polisie. Sowat 120 stuks vee is in nege voorvalle teruggevind. Oor ’n tydperk van ’n maand is veediefstal ter waarde van R476 000 by sewe Polisiestasies in die Ficksburg Cluster aangemeld, met die Zamdela Cluster (wat Sasolburg insluit) se verliese vir een maand wat R500 000 beloop het. Veediefstalverliese wat in die Trompsburg Cluster oor ’n periode van drie maande aangemeld is, beloop meer as R1-miljoen. Te midde van die droogte plaas hierdie erge toename in veediefstal verdere ekonomiese druk op landelike ekonomieë, wat op die ou end ook ’n verlies van inkomste vir die staat tot gevolg het. Vrystaat Landbou vergader binnekort met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Departement van Justisie om die belangrikheid van swaarder strawwe vir veediewe weer eens te beklemtoon. Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar
http://www.proagri.co.za/veediewe-loop-hulle-rieme-styf-die-vrystaat/
af
2016-09-20
www.proagri.co.za/41380cd0f7fa0ad5c74c18b81581ffa04c15e613e88729ff54d03c18d1cd5ec6.json
[ "Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape gesteel het en in die tweede voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle besig was om 10 beeste te steel.\nLomon Terreblanche, veiligheidskoördineer van die Edenville Boerevereniging, sê die arrestasies spruit uit goeie samewerking tussen boere en die Polisie. Veediewe teiken die gebied die afgelope paar maande, en die vermoede bestaan dat die aangekeerde verdagtes met meer as een saak verbind kan word.\nDie arrestasies het gevolg na die boere wat die gebied gepatrolleer het, die Polisie van verdagte optrede in kennis gestel het. Boere patrolleer die gebied elke nag met sewe voertuie.\nIn ’n derde voorval is vier verdagtes in die Brandfort-distrik aangekeer terwyl hulle besig was om 43 beeste te steel. Die groep word al lank deur die Valke ondersoek en nadat inligting van beplande aktiwiteite uit die gebied ontvang is, kon die Polisie op hulle toeslaan.\nTommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, sê twee voorvalle waartydens die Polisie vyf verdagtes vir skrootdiefstal in hegtenis geneem het, is ook die naweek aangemeld. Die twee voorvalle het in Deneysville en Oranjeville voorgekom.\n“Ons wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die talle boere en Polisiebeamptes wat hulle beste gee om misdadigers aan te keer. Talle Polisiebeamptes doen hulle uiterste bes om veral veediefstal te probeer bekamp. Dit is jammer dat talle van hierdie geesdriftige mense se werk bemoeilik word deur ’n gebrek aan voertuie by Polisiestasies. Ons is bewus van veediefstalbeamptes wat al 22 km per voet afgelê het om by tonele uit te kom,” aldus Tommie.\nDie tekort aan voertuie is ’n kwessie wat gereeld met die topbestuur van die Polisie bespreek word.\nInterprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum\nTommie het ook die Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum bedank vir hulle harde werk om veediefstal tussen die Vrystaat, Gauteng en Noordwes vas te vat. Een van die sake waarop die forum tans fokus, in samewerking met die Polisie, is veediewe wat diere met kapmesse doodmaak en slag. “Hulle kap meestal die beeste se hakskene met pangas af en sny die beeste se boude af,” verduidelik Johan Stadler, voorsitter. Die groep het sedert 29 Julie 2016 al vyf keer toegeslaan op plase in Noordwes en die Vrystaat. Met die laaste twee voorvalle is die groep wel vort sonder van die vleis en hulle slagmesse.\nStatistiek\nDie lessenaar het die afgelope twee en ’n half maande 43 ernstige voorvalle van veediefstal in die Vrystaat aangeteken. Meer as 190 beeste, 700 skape en 10 perde is tydens dié voorvalle gesteel. Dit wil voorkom of skape die meeste gesteel word, met vier voorvalle van meer as 120 skaap wat per insident gesteel is. In een voorval by Ficksburg aangemeld, is 169 skape gesteel en in twee voorvalle by Brandfort is 126 en 129 skape gesteel. ’n Voorval is ook by Qwa-Qwa aangemeld waar meer as 120 skape gesteel is.\nMeer as 25 verdagtes is in verband met nege voorvalle aangekeer deur boere en/of die Polisie. Sowat 120 stuks vee is in nege voorvalle teruggevind.\nOor ’n tydperk van ’n maand is veediefstal ter waarde van R476 000 by sewe Polisiestasies in die Ficksburg Cluster aangemeld, met die Zamdela Cluster (wat Sasolburg insluit) se verliese vir een maand wat R500 000 beloop het. Veediefstalverliese wat in die Trompsburg Cluster oor ’n periode van drie maande aangemeld is, beloop meer as R1-miljoen.\nTe midde van die droogte plaas hierdie erge toename in veediefstal verdere ekonomiese druk op landelike ekonomieë, wat op die ou end ook ’n verlies van inkomste vir die staat tot gevolg het.\nVrystaat Landbou vergader binnekort met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Departement van Justisie om die belangrikheid van swaarder strawwe vir veediewe weer eens te beklemtoon.\nBron: VKB/VL Veiligheidslessenaar", "Veediewe loop hulle rieme styf in die Vrystaat", "Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-21 05:36:21+00:00
null
2016-09-21 06:04:44
Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fkry-jou-sit-met-lexus-se-nuwe-spinnekopwebsitplek%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/lexus.jpg
af
null
Kry jou sit met LEXUS se nuwe spinnekopwebsitplek
null
null
www.proagri.co.za
Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul. ’n Spinnekopwebagtige net pas knus om die vorm van die liggaam, wat die las vir langdurige sitgemak en volmaakte liggaamsondersteuning versprei; dit sal veral goed werk vir Lexus-liefhebbers wat ver ry. Deur bloot in die sitplek te sit, help om kopbewegings wat deur die voertuigbeweging veroorsaak word, te stabiliseer. Die sitplekraam se bekleedsel bestaan uit ’n veselnet in ’n spinnekopweb-patroon met veseldrade wat straalvormig van die middel van die rugleuning af uitkring. Die net is buigbaar genoeg om die vorm van die insittende se liggaam knus te pas, wat die las verdeel en dit moontlik maak om vir lang tye gerieflik te sit. Dit sitplek het ’n dunner ontwerp, wat die algehele massa van die motor ook verminder. Die vesels waaruit die samestelling van die rugleuning se spinnekopweb-patroon bestaan, is van omgewingsvriendelike sintetiese spinnekopsy-materiaal in plaas van produkte wat petroleum bevat, gemaak. Die hoofkomponent van hierdie materiaal is proteïen. Bron: quickpic
http://www.proagri.co.za/kry-jou-sit-met-lexus-se-nuwe-spinnekopwebsitplek/
af
2016-09-21
www.proagri.co.za/33f21f4e54add5c3520e1fefa1416a3c3abacf0836b2f95ea1c7c7fa8f02ff8d.json
[ "Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul. ’n Spinnekopwebagtige net pas knus om die vorm van die liggaam, wat die las vir langdurige sitgemak en volmaakte liggaamsondersteuning versprei; dit sal veral goed werk vir Lexus-liefhebbers wat ver ry.\nDeur bloot in die sitplek te sit, help om kopbewegings wat deur die voertuigbeweging veroorsaak word, te stabiliseer. Die sitplekraam se bekleedsel bestaan uit ’n veselnet in ’n spinnekopweb-patroon met veseldrade wat straalvormig van die middel van die rugleuning af uitkring. Die net is buigbaar genoeg om die vorm van die insittende se liggaam knus te pas, wat die las verdeel en dit moontlik maak om vir lang tye gerieflik te sit. Dit sitplek het ’n dunner ontwerp, wat die algehele massa van die motor ook verminder.\nDie vesels waaruit die samestelling van die rugleuning se spinnekopweb-patroon bestaan, is van omgewingsvriendelike sintetiese spinnekopsy-materiaal in plaas van produkte wat petroleum bevat, gemaak. Die hoofkomponent van hierdie materiaal is proteïen.\nBron: quickpic", "Kry jou sit met LEXUS se nuwe spinnekopwebsitplek", "Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-26 21:46:58+00:00
null
2016-09-26 11:07:05
Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fmitsubishi-se-toekomstige-sportnuts-ontwerp-die-kollig-paryse-motorskou%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/gt-phev-concept-1_1800x1800.jpg
af
null
Mitsubishi se toekomstige sportnuts-ontwerp in die kollig by Paryse Motorskou
null
null
www.proagri.co.za
Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie. Die GT-PHEV Concept volg in die spore van die XR-PHEV, wat in 2013 by die Tokiose Motorskou vertoon is, en die XR-PHEV II, wat die skare by die Geneefse Motorskou in 2015 behoorlik aan die gons gehad het. Soos die geval met sy voorgangers was, sal die GT-PHEV Concept ’n reuse sprong maak in die gebruik van hibriede vierwiel-tegnologie. Die konsepvoertuig sal tergelykertyd aan skougangers ’n blik op die ontwerpbenadering van Mitsubishi’s van die toekoms gee. Vooraan die GT-PHEV se lang lys tegniese vernuwings is ’n splinternuwe inprop-hibrieddryfstelsel. Dié stelsel gebruik drie elektriese motors en ’n klein, skoon-binnebrandenjin om al vier wiele aan te dryf. Die stelsel het ’n teoretiese reikafstand van 120 km op elektriese aandrywing en ’n allemintige 1 200 km indien al die hibriede stelsels ook gebruik word. Een van die elektriese motors word saam met die enjin voorin die GT-PHEV Concept ingespan en die ander twee is op die agter-as ingebou, elk gekoppel aan een van die agterwiele. Hierdie uitleg gee die GT-PHEV Concept ware 4×4-aandrywing. Die GT-PHEV Concept is nie net ’n vertoonvoertuig vir Mitsubishi se moderne aandrywingstegnologie nie, maar bied ook ’n blik op sy toekomstige ontwerprigting. Mitsubishi het hul inspirasie van die nuutskepping “Ground Tourer” (dit is die GT-gedeelte in GT-PHEV) as aansporing vir sy ontwerp van ’n dinamiese veldry-gefokusde sportnuts geneem. Die ontwerpers het aan die voorkant van die GT-PHEV Concept ’n nuwe weergawe van Mitsubishi se Dynamic Shield-stileringskonsep gebruik. Die konsep integreer ’n forse sierrooster, groot voorste buffer en die voorligte om ’n ‘skild’ te vorm, wat die voertuig ’n indrukwekkende voorkoms gee. Die GT-PHEV Concept se dinamiese inslag word op sy beurt uitgebeeld deur die voertuig se hoë skouerlyn, breë heuplyn en die gebruik van ’n sogenaamde drywende dak, wat die indruk skep dat dit los van die voertuig is. Die idee, aldus die ontwerpers, was om ’n voertuig te ontwerp wat lyk asof dit van een enkele stuk staal gekerf is. Een van die beloofde nuwighede in die binneruim is ’n internet-gekoppelde beheerstelsel wat deurlopend ’n legio data-bronne raadpleeg om die voertuig se verrigting en verstellings dinamies aan te pas. Die databronne sluit die voertuig se eie sensors en kameras in sowel as inligtingsbronne soos die weerdiens, verkeerspatrone en inligting oor die pad. Dit stel die voertuig in staat om outonoom te verstel om met die hulp van Mitsubishi se S-AWC-stelsel ten beste by die omgewing aan te pas. Die Paryse Motorskou word van 1 tot 16 Oktober gehou. Bron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika
http://www.proagri.co.za/mitsubishi-se-toekomstige-sportnuts-ontwerp-die-kollig-paryse-motorskou/
af
2016-09-26
www.proagri.co.za/603f2c51f57ecbc67f315d7375d089a994adbd8e6bbd77d0eb12ecbda432ab96.json
[ "Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie.\nDie GT-PHEV Concept volg in die spore van die XR-PHEV, wat in 2013 by die Tokiose Motorskou vertoon is, en die XR-PHEV II, wat die skare by die Geneefse Motorskou in 2015 behoorlik aan die gons gehad het. Soos die geval met sy voorgangers was, sal die GT-PHEV Concept ’n reuse sprong maak in die gebruik van hibriede vierwiel-tegnologie. Die konsepvoertuig sal tergelykertyd aan skougangers ’n blik op die ontwerpbenadering van Mitsubishi’s van die toekoms gee.\nVooraan die GT-PHEV se lang lys tegniese vernuwings is ’n splinternuwe inprop-hibrieddryfstelsel. Dié stelsel gebruik drie elektriese motors en ’n klein, skoon-binnebrandenjin om al vier wiele aan te dryf. Die stelsel het ’n teoretiese reikafstand van 120 km op elektriese aandrywing en ’n allemintige 1 200 km indien al die hibriede stelsels ook gebruik word.\nEen van die elektriese motors word saam met die enjin voorin die GT-PHEV Concept ingespan en die ander twee is op die agter-as ingebou, elk gekoppel aan een van die agterwiele. Hierdie uitleg gee die GT-PHEV Concept ware 4×4-aandrywing.\nDie GT-PHEV Concept is nie net ’n vertoonvoertuig vir Mitsubishi se moderne aandrywingstegnologie nie, maar bied ook ’n blik op sy toekomstige ontwerprigting. Mitsubishi het hul inspirasie van die nuutskepping “Ground Tourer” (dit is die GT-gedeelte in GT-PHEV) as aansporing vir sy ontwerp van ’n dinamiese veldry-gefokusde sportnuts geneem.\nDie ontwerpers het aan die voorkant van die GT-PHEV Concept ’n nuwe weergawe van Mitsubishi se Dynamic Shield-stileringskonsep gebruik. Die konsep integreer ’n forse sierrooster, groot voorste buffer en die voorligte om ’n ‘skild’ te vorm, wat die voertuig ’n indrukwekkende voorkoms gee.\nDie GT-PHEV Concept se dinamiese inslag word op sy beurt uitgebeeld deur die voertuig se hoë skouerlyn, breë heuplyn en die gebruik van ’n sogenaamde drywende dak, wat die indruk skep dat dit los van die voertuig is. Die idee, aldus die ontwerpers, was om ’n voertuig te ontwerp wat lyk asof dit van een enkele stuk staal gekerf is.\nEen van die beloofde nuwighede in die binneruim is ’n internet-gekoppelde beheerstelsel wat deurlopend ’n legio data-bronne raadpleeg om die voertuig se verrigting en verstellings dinamies aan te pas. Die databronne sluit die voertuig se eie sensors en kameras in sowel as inligtingsbronne soos die weerdiens, verkeerspatrone en inligting oor die pad. Dit stel die voertuig in staat om outonoom te verstel om met die hulp van Mitsubishi se S-AWC-stelsel ten beste by die omgewing aan te pas.\nDie Paryse Motorskou word van 1 tot 16 Oktober gehou.\nBron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika", "Mitsubishi se toekomstige sportnuts-ontwerp in die kollig by Paryse Motorskou", "Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie." ]
[ "Dom Boer" ]
2016-09-16 13:47:03+00:00
null
2016-09-14 06:52:26
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fdom-boer-se-lag-vir-die-dag-188%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/perd.jpg
af
null
Dom Boer se lag vir die dag:
null
null
www.proagri.co.za
Alles draai daarom Inbreker Een: “Haai, dit is die groot bokskampioen se huis hierdie! Ons kan nie hier inbreek nie – hy sal ons doodslaan!” Inbreker Twee: “Ontspan. Dit is doodveilig. Ek lees in die koerant hy weier om vir minder as honderdduisend rand te baklei.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-188/
af
2016-09-14
www.proagri.co.za/8604c0e3f6d1678ffe1ee302823d8dbc64abf24b719c180b86e8c295205d422c.json
[ "Alles draai daarom\nInbreker Een: “Haai, dit is die groot bokskampioen se huis hierdie! Ons kan nie hier inbreek nie – hy sal ons doodslaan!”\nInbreker Twee: “Ontspan. Dit is doodveilig. Ek lees in die koerant hy weier om vir minder as honderdduisend rand te baklei.”", "Dom Boer se lag vir die dag:" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-16 13:45:18+00:00
null
2016-09-15 08:43:32
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fsyngenta-vier-slimboerdery-hulle-bewese-tegnologie-beraad%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/syngenta-xx.jpg
af
null
Syngenta vier slimboerdery by hulle Bewese Tegnologie-beraad
null
null
www.proagri.co.za
Syngenta, ‘n wêreldleier in landboutegnologie, hou hierdie week ‘n beraad vir aartappel- en somergraanboer. Dit staan bekend as die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad. Deur die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad wil Syngenta plaaslike produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, produkte aankoop en in gewasse belê te verander, wat daartoe sal lei dat hulle op die lang duur slim besluite sal maak en groter opbrengste sal lewer. Die hoofdoel van die Beraad is om produsente te betrek deur tegnologie as die hooftema te bespreek. Twee van Syngenta se denkleiers is ook by die geleentheid aan die woord: Ron Wohlhauser praat oor Toepassingstegnologie en Dino Sozzi oor Formuleringstegnologie, met die fokus op Syngenta se swamdoder, Amistar, en die onkruiddoder, Callisto, asook die produktegnologie-markleier, PotatoPack. Boere kan eerstehands kennis maak met Syngenta se Formuleringsaanleg, hulle Saadsorginstituut (die eerste op die Afrika-kontinent) en die handelskou op Brits, wat Syngenta se nuwe deurbraak-onkruiddoderverpakkingsbaan ten toon stel. Die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad is in lyn met Syngenta se Goeie Groei-plan, wat daarop gemik is om die volhoubaarheid van die landbou op wêreldskaal te verbeter teen 2020. Syngenta bereik nie net boere met die veldtog nie, maar ook verbruikers. Die maatskappy sê in ‘n verklaring: “Verbruikers regoor Suid-Afrika bewus moet wees van die kritieke rol wat ons produsente in ons gemeenskap speel, asook van die uitdagings waarmee ons produsente te kampe het om voortdurend voedsel aan ons land te voorsien.” Syngenta het dus saamgespan met die nasionale uitsaaier, RSG, om aan boere die erkenning te gee wat hulle verdien. “SlimBoer, ʼn oes van Slim Keuses” word hierdie week daagliks uitgesaai op RSG se Tjailatyd met Amore Bekker. Luisteraars word aangemoedig om hulle stories te deel oor die rol wat boere in hulle daaglikse lewe speel, en boere vertel wat dit behels om in hierdie moeilike tye ’n produsent in Suid-Afrika te wees. Luisteraars kan inbel om hulle stories te vertel en staan ook ’n kans om R2 500 kontant te wen. “In hierdie era is daar talle veranderlikes wat ’n impak op ons landboubedryf het. Hoewel ons geen beheer oor party daarvan het nie, is daar dié wat beïnvloed kan word tot voordeel van die produsentegemeenskap sowel as die verbruikers. Syngenta se SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad verteenwoordig maar net nog ’n stap daarin om harmonie te verkry ondanks teëspoed.”
http://www.proagri.co.za/syngenta-vier-slimboerdery-hulle-bewese-tegnologie-beraad/
af
2016-09-15
www.proagri.co.za/7ff93bad2e2416e68a0bfe7fc6b9fcadcc71146888932ac30f65d61f9f213c17.json
[ "Syngenta, ‘n wêreldleier in landboutegnologie, hou hierdie week ‘n beraad vir aartappel- en somergraanboer. Dit staan bekend as die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad. Deur die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad wil Syngenta plaaslike produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, produkte aankoop en in gewasse belê te verander, wat daartoe sal lei dat hulle op die lang duur slim besluite sal maak en groter opbrengste sal lewer.\nDie hoofdoel van die Beraad is om produsente te betrek deur tegnologie as die hooftema te bespreek. Twee van Syngenta se denkleiers is ook by die geleentheid aan die woord: Ron Wohlhauser praat oor Toepassingstegnologie en Dino Sozzi oor Formuleringstegnologie, met die fokus op Syngenta se swamdoder, Amistar, en die onkruiddoder, Callisto, asook die produktegnologie-markleier, PotatoPack.\nBoere kan eerstehands kennis maak met Syngenta se Formuleringsaanleg, hulle Saadsorginstituut (die eerste op die Afrika-kontinent) en die handelskou op Brits, wat Syngenta se nuwe deurbraak-onkruiddoderverpakkingsbaan ten toon stel.\nDie SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad is in lyn met Syngenta se Goeie Groei-plan, wat daarop gemik is om die volhoubaarheid van die landbou op wêreldskaal te verbeter teen 2020.\nSyngenta bereik nie net boere met die veldtog nie, maar ook verbruikers.\nDie maatskappy sê in ‘n verklaring: “Verbruikers regoor Suid-Afrika bewus moet wees van die kritieke rol wat ons produsente in ons gemeenskap speel, asook van die uitdagings waarmee ons produsente te kampe het om voortdurend voedsel aan ons land te voorsien.”\nSyngenta het dus saamgespan met die nasionale uitsaaier, RSG, om aan boere die erkenning te gee wat hulle verdien. “SlimBoer, ʼn oes van Slim Keuses” word hierdie week daagliks uitgesaai op RSG se Tjailatyd met Amore Bekker. Luisteraars word aangemoedig om hulle stories te deel oor die rol wat boere in hulle daaglikse lewe speel, en boere vertel wat dit behels om in hierdie moeilike tye ’n produsent in Suid-Afrika te wees. Luisteraars kan inbel om hulle stories te vertel en staan ook ’n kans om R2 500 kontant te wen.\n“In hierdie era is daar talle veranderlikes wat ’n impak op ons landboubedryf het. Hoewel ons geen beheer oor party daarvan het nie, is daar dié wat beïnvloed kan word tot voordeel van die produsentegemeenskap sowel as die verbruikers. Syngenta se SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad verteenwoordig maar net nog ’n stap daarin om harmonie te verkry ondanks teëspoed.”", "Syngenta vier slimboerdery by hulle Bewese Tegnologie-beraad" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-19 07:34:40+00:00
null
2016-09-19 08:12:43
Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fsa-brandstofpryse-gaan-moontlik-verhoog-oktober%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/brandstof.jpg
af
null
SA brandstofpryse gaan moontlik verhoog in Oktober
null
null
www.proagri.co.za
Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings. Voorlopige ramings van die Sentrale Energiefonds dui daarop aan dat petrol- en dieselpryse met onderskeidelik 44 sent per liter en 12 sent per liter in Oktober kan verhoog. Dit maak die prys van petrol (95 loodvrye) R12,61 per liter waar dit R12,17 per liter was. Dieselpryse (0,05%) kan na R10,62 per liter verhoog en tans is dit R10,48 per liter. Die redes vir die verhoging in brandstofpryse is as gevolg van die verswakte Rand teen die Dollar en hoër Brent-ru-olie pryse. Die maand het die Rand 3% teen die Dollar verswak. In graanproduksie is brandstof verantwoordelik vir ongeveer 11% van die totale veranderlike koste. Bron: Agbiz
http://www.proagri.co.za/sa-brandstofpryse-gaan-moontlik-verhoog-oktober/
af
2016-09-19
www.proagri.co.za/ea8d338582094d1db633e46aba3d34cf8b25f009250acbd620641b017b1a8bbd.json
[ "Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings.\nVoorlopige ramings van die Sentrale Energiefonds dui daarop aan dat petrol- en dieselpryse met onderskeidelik 44 sent per liter en 12 sent per liter in Oktober kan verhoog. Dit maak die prys van petrol (95 loodvrye) R12,61 per liter waar dit R12,17 per liter was. Dieselpryse (0,05%) kan na R10,62 per liter verhoog en tans is dit R10,48 per liter.\nDie redes vir die verhoging in brandstofpryse is as gevolg van die verswakte Rand teen die Dollar en hoër Brent-ru-olie pryse. Die maand het die Rand 3% teen die Dollar verswak.\nIn graanproduksie is brandstof verantwoordelik vir ongeveer 11% van die totale veranderlike koste.\nBron: Agbiz", "SA brandstofpryse gaan moontlik verhoog in Oktober", "Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings." ]
[ "Dom Boer" ]
2016-09-26 21:48:14+00:00
null
2016-09-26 08:07:00
null
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fdom-boer-se-lag-vir-die-dag-195%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/funny-baby-animal-pictures.jpg
af
null
Dom Boer se lag vir die dag:
null
null
www.proagri.co.za
Tot op die letter Patologiedosent aan mediese studente: “Oorerwing speel ‘n belangrike rol in vele siektes. As jy bepaal watter oorerflike siektes in ‘n pasiënt se voorsate voorgekom het, kan dit jou dikwels help om gouer ‘n korrekte diagnose te maak.” Net daarna word die mediese student gevra om ‘n pasiënt by die ongevalle-afdeling te ondersoek. Mediese student: “Wat is die probleem?” Pasiënt: “Beenbesering.” Mediese student: “Hoe het dit gebeur?” Pasiënt: “’n Bul het my gegaffel.” Mediese student: “Is jou pa of jou oupa ooit deur ‘n bul gegaffel?”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-195/
af
2016-09-26
www.proagri.co.za/7f5f250cf44b0bd024665c48eacc681e3c4009f5170fd8f76de7c2d3b36a7d98.json
[ "Tot op die letter\nPatologiedosent aan mediese studente: “Oorerwing speel ‘n belangrike rol in vele siektes. As jy bepaal watter oorerflike siektes in ‘n pasiënt se voorsate voorgekom het, kan dit jou dikwels help om gouer ‘n korrekte diagnose te maak.”\nNet daarna word die mediese student gevra om ‘n pasiënt by die ongevalle-afdeling te ondersoek.\nMediese student: “Wat is die probleem?”\nPasiënt: “Beenbesering.”\nMediese student: “Hoe het dit gebeur?”\nPasiënt: “’n Bul het my gegaffel.”\nMediese student: “Is jou pa of jou oupa ooit deur ‘n bul gegaffel?”", "Dom Boer se lag vir die dag:" ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-28 07:58:49+00:00
null
2016-09-28 08:07:38
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fhof-se-steeds-minder-pekelwater-hoender%2F.json
http://proagri.local/wp-content/uploads/2014/04/trekkertjie.jpg
af
null
Hof sê steeds minder pekelwater in hoender
null
null
www.proagri.co.za
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys. Die uitspraak is deur die minister van Landbou verwelkom. Die SAPV het die saak na die Noord-Gauteng se Hooggeregshof geneem waar hulle die gewysigde pluimveevleisregulasies wat op 22 April 2016 gepubliseer is betwis het. Die Vereniging het aangevoer dat dit onwettig en irrasioneel is en dat dit hersien moet word. Regter HJ Fabricus het die aansoek van die SAPV van die hand gewys. Die omstrede wysigings het betrekking op die beperking van die totale pekelinspuiting van 10% en 15% vir ‘n hele karkas en individuele porsies. Minister Zokwana sê die uitspraak bevestig dat die belange van die verbruikers en die behoefte om billike handelspraktyke te bevorder, uiters belangrik is. “Hierdie uitspraak het billike mededinging tussen produsente en handelaars van pluimveevleis-produkte bevorder,” sê hy. Bron: Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/hof-se-steeds-minder-pekelwater-hoender/
af
2016-09-28
www.proagri.co.za/2c8f5213b3bf972133fad4185767ddb86011c1a0fe111a0a252d82174a79e095.json
[ "Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys. Die uitspraak is deur die minister van Landbou verwelkom.\nDie SAPV het die saak na die Noord-Gauteng se Hooggeregshof geneem waar hulle die gewysigde pluimveevleisregulasies wat op 22 April 2016 gepubliseer is betwis het. Die Vereniging het aangevoer dat dit onwettig en irrasioneel is en dat dit hersien moet word. Regter HJ Fabricus het die aansoek van die SAPV van die hand gewys.\nDie omstrede wysigings het betrekking op die beperking van die totale pekelinspuiting van 10% en 15% vir ‘n hele karkas en individuele porsies.\nMinister Zokwana sê die uitspraak bevestig dat die belange van die verbruikers en die behoefte om billike handelspraktyke te bevorder, uiters belangrik is.\n“Hierdie uitspraak het billike mededinging tussen produsente en handelaars van pluimveevleis-produkte bevorder,” sê hy.\nBron: Bizcommunity", "Hof sê steeds minder pekelwater in hoender", "Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-27 07:47:09+00:00
null
2016-09-27 09:42:19
Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fagri-sa-se-dankie-vir-droogtehulp-aan-die-landbougemeenskap-van-sa%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/baal-3.jpg
af
null
Agri SA sê dankie vir droogtehulp aan die landbougemeenskap van SA
null
null
www.proagri.co.za
Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is. Provinsies is as volg ondersteun: – Noordwes: R3 639 474 – Vrystaat: R3 439 474 – Limpopo: R407 895 – KZN: R505 263 – Wes-Kaap: R2 500 000 – Gauteng: R450 000 – Noord-Kaap: R3 668 421 – Oos-Kaap: R889 474 Provinsies soos Limpopo en Mpumalanga word nou ook negatief deur die droogte geraak en Agri SA is in proses om hierdie provinsies met addisionele fondse by te staan. Provinsiale bestuurders, kantoorpersoneel en plaaslike landbouverenigings wat behulpsaam was met die verspreiding van voer en ander vorme van humanitêre hulp aan boere en plaaswerkergemeenskappe, word bedank. – Aantal kommersiële boere gehelp: 12 921 – Aantal opkomende boere gehelp: 4 000 Alle droogtehulp en die aanwending daarvan word onderwerp aan ‘n omvattende oudit en ‘n volledige ouditverslag. “Aan alle skenkers van kontant, voer, humanitêre hulp soos meel, water en kospakkies en diegene wat vervoertrokke beskikbaar gestel het, julle is die ware helde. Dit het ons in staat gestel om elke R1 effektief te benut om sowat R5, en in sekere gevalle tot sowat R8, se verdere waarde te ontsluit,” het Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, wat die projek oorsien, gesê. Vir verdere skenkings gaan na http://droogterampfonds.co.za/ of kontak Agri SA. Uitgereik deur Agri SA
http://www.proagri.co.za/agri-sa-se-dankie-vir-droogtehulp-aan-die-landbougemeenskap-van-sa/
af
2016-09-27
www.proagri.co.za/9fe21fce8fd84d939dd2391e3c4b766c5aa41ea6a2d51b915f13652e3fe7e0d3.json
[ "Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is.\nProvinsies is as volg ondersteun:\n– Noordwes: R3 639 474\n– Vrystaat: R3 439 474\n– Limpopo: R407 895\n– KZN: R505 263\n– Wes-Kaap: R2 500 000\n– Gauteng: R450 000\n– Noord-Kaap: R3 668 421\n– Oos-Kaap: R889 474\nProvinsies soos Limpopo en Mpumalanga word nou ook negatief deur die droogte geraak en Agri SA is in proses om hierdie provinsies met addisionele fondse by te staan.\nProvinsiale bestuurders, kantoorpersoneel en plaaslike landbouverenigings wat behulpsaam was met die verspreiding van voer en ander vorme van humanitêre hulp aan boere en plaaswerkergemeenskappe, word bedank.\n– Aantal kommersiële boere gehelp: 12 921\n– Aantal opkomende boere gehelp: 4 000\nAlle droogtehulp en die aanwending daarvan word onderwerp aan ‘n omvattende oudit en ‘n volledige ouditverslag.\n“Aan alle skenkers van kontant, voer, humanitêre hulp soos meel, water en kospakkies en diegene wat vervoertrokke beskikbaar gestel het, julle is die ware helde. Dit het ons in staat gestel om elke R1 effektief te benut om sowat R5, en in sekere gevalle tot sowat R8, se verdere waarde te ontsluit,” het Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, wat die projek oorsien, gesê.\nVir verdere skenkings gaan na http://droogterampfonds.co.za/ of kontak Agri SA.\nUitgereik deur Agri SA", "Agri SA sê dankie vir droogtehulp aan die landbougemeenskap van SA", "Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-28 07:58:52+00:00
null
2016-09-28 08:20:23
AdVini, die Franse wynreus, het eers L'Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Ffranse-reus-bele-kaapse-wyn%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/ken-forrester-wyn.jpg
af
null
Franse reus belê in Kaapse wyn
null
null
www.proagri.co.za
AdVini, die Franse wynreus, het eers L’Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop. Hulle mik daarna om die verkope van die wyn te verdubbel in die volgende paar jaar. Advini sal Ken Forrester se wyne op die vasteland van Europe en Asië versprei, terwyl Ken Forrester, wat steeds aanbly as besturende direkteur en eienaarskap van sy eiendom behou, sy spanverkope in Noord-Amerika en Engelse markte dryf. Ken Forrester, na wie dikwels verwys word as die “King of Chenin”, sê: “Die ooreenkoms met AdVini is ‘n fantastiese geleentheid vir my om met ‘n massiewe verspreidingsnetwerk vas te bind en hulle is veral sterk in nuwe markte soos Europa en Asië. Ek het vier jaar gelede met AdVini begin praat toe ek op soek was na iemand wat my kan help uitbrei na Asië.” AdVini se bemarkingsbestuurder, Jean-Pierre Durand, sê dat die besluit om op Suid-Afrika te fokus, begin het met die aankoop van die handelsmerk Laroche in 2010. Bron: The Times en Bizcommunity
http://www.proagri.co.za/franse-reus-bele-kaapse-wyn/
af
2016-09-28
www.proagri.co.za/8d89606e496c280b554abe7a895e02f58125951670c0c951bcb294042c8ae172.json
[ "AdVini, die Franse wynreus, het eers L’Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop. Hulle mik daarna om die verkope van die wyn te verdubbel in die volgende paar jaar.\nAdvini sal Ken Forrester se wyne op die vasteland van Europe en Asië versprei, terwyl Ken Forrester, wat steeds aanbly as besturende direkteur en eienaarskap van sy eiendom behou, sy spanverkope in Noord-Amerika en Engelse markte dryf.\nKen Forrester, na wie dikwels verwys word as die “King of Chenin”, sê: “Die ooreenkoms met AdVini is ‘n fantastiese geleentheid vir my om met ‘n massiewe verspreidingsnetwerk vas te bind en hulle is veral sterk in nuwe markte soos Europa en Asië. Ek het vier jaar gelede met AdVini begin praat toe ek op soek was na iemand wat my kan help uitbrei na Asië.”\nAdVini se bemarkingsbestuurder, Jean-Pierre Durand, sê dat die besluit om op Suid-Afrika te fokus, begin het met die aankoop van die handelsmerk Laroche in 2010.\nBron: The Times en Bizcommunity", "Franse reus belê in Kaapse wyn", "AdVini, die Franse wynreus, het eers L'Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-19 07:34:44+00:00
null
2016-09-19 08:19:21
Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fvolkswagen-ondersteun-forever-wild-renosterredding%2F.json
http://proagri.local/wp-content/uploads/2014/04/trekkertjie.jpg
af
null
Volkswagen ondersteun Forever Wild-renosterredding
null
null
www.proagri.co.za
Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg. Die program word deur Wilderness Foundation Africa bestuur en die samewerking met Volkswagen het in 2011 begin. Die ses Amarokke sal gebruik word om pro-aktiewe renosterbeskerming en teen-stropery bedrywighede in dele regoor die land te ontplooi. Thomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van die Volkswagen-groep SA, sê: ” “Volkswagen is verbind daartoe om die Wilderness Foundation deur middel van sy Forever Wild-renosterbeskermingsprogram te help om die bedreigde renosterbevolking te bewaar. Ons wil omgewingsbewuste organisasies help.” “Die Forever-Wild renosterbeskermingsprogram is ‘n verlenging van ons verhouding met Volkswagen. Hierdie ooreenkoms met Volkswagen het ons organisasie gehelp om een van die mees suksesvolle beroepsopleidingsentrums vir jeug in die land,Umzi Wethu, te vestig,” sê Andrew Muir, hoofuitvoerende beampte van die Wilderness Foundation Africa. Die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram ondersteun bewaringsagentskappe en private wildreservate om hulle renosterbevolkings te beskerm. “Ons is baie dankbaar vir Volkswagen wat ons met hierdie voertuie toevertrou. Hulle is meer as net ‘n teen-stropery voertuig, maar is ‘n belangrike komponent in ons bewaringsinisiatiewe regoor die land,” sê Matthew Norval, hoofbedryfsbeampte van Wilderness Foundation Africa.
http://www.proagri.co.za/volkswagen-ondersteun-forever-wild-renosterredding/
af
2016-09-19
www.proagri.co.za/3e8c2b9c82e38839e22be16a00ed73140df863d5fda558104e38f872e7b251a8.json
[ "Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg. Die program word deur Wilderness Foundation Africa bestuur en die samewerking met Volkswagen het in 2011 begin. Die ses Amarokke sal gebruik word om pro-aktiewe renosterbeskerming en teen-stropery bedrywighede in dele regoor die land te ontplooi.\nThomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van die Volkswagen-groep SA, sê: ” “Volkswagen is verbind daartoe om die Wilderness Foundation deur middel van sy Forever Wild-renosterbeskermingsprogram te help om die bedreigde renosterbevolking te bewaar. Ons wil omgewingsbewuste organisasies help.”\n“Die Forever-Wild renosterbeskermingsprogram is ‘n verlenging van ons verhouding met Volkswagen. Hierdie ooreenkoms met Volkswagen het ons organisasie gehelp om een van die mees suksesvolle beroepsopleidingsentrums vir jeug in die land,Umzi Wethu, te vestig,” sê Andrew Muir, hoofuitvoerende beampte van die Wilderness Foundation Africa.\nDie Forever Wild-renosterbeskermingsprogram ondersteun bewaringsagentskappe en private wildreservate om hulle renosterbevolkings te beskerm.\n“Ons is baie dankbaar vir Volkswagen wat ons met hierdie voertuie toevertrou. Hulle is meer as net ‘n teen-stropery voertuig, maar is ‘n belangrike komponent in ons bewaringsinisiatiewe regoor die land,” sê Matthew Norval, hoofbedryfsbeampte van Wilderness Foundation Africa.", "Volkswagen ondersteun Forever Wild-renosterredding", "Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-26 21:48:34+00:00
null
2016-09-22 12:26:27
Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fundercover-farming-se-wes-kaap-konferensie%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/undercover-farming-weskaap.jpg
af
null
Undercover Farming se Wes-Kaap-konferensie
null
null
www.proagri.co.za
Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere. Die konferensie vind op 11 en 12 Oktober 2016 by die Allee Bleue Estate, Groot Drakenstein in Kaapstad plaas. Van die sprekers wat daar gaan wees is Michael Southwood van Southern Cross Trust, Estelle Kempen van die Departement van Agronomie by die Fakulteit Agriwetenskappe, Stellenbosch Universiteit en Michael Cordes, besturende direkteur van Pambile Africa Training (Pty) Ltd. Die program is hier beskikbaar. Die amptelike program sal twee dae voor die konferensie bekendgemaak word. Vir meer inligting kliek hier om na Undercover Farming se webtuiste te gaan. Moenie hierdie geleentheid om met kenners te gesels misloop nie.
http://www.proagri.co.za/undercover-farming-se-wes-kaap-konferensie/
af
2016-09-22
www.proagri.co.za/f3e02bac9d05bce618c6c200e2b5e3ffb39988fa8c91514345a8fdf333cffef9.json
[ "Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere. Die konferensie vind op 11 en 12 Oktober 2016 by die Allee Bleue Estate, Groot Drakenstein in Kaapstad plaas.\nVan die sprekers wat daar gaan wees is Michael Southwood van Southern Cross Trust, Estelle Kempen van die Departement van Agronomie by die Fakulteit Agriwetenskappe, Stellenbosch Universiteit en Michael Cordes, besturende direkteur van Pambile Africa Training (Pty) Ltd.\nDie program is hier beskikbaar. Die amptelike program sal twee dae voor die konferensie bekendgemaak word.\nVir meer inligting kliek hier om na Undercover Farming se webtuiste te gaan.\nMoenie hierdie geleentheid om met kenners te gesels misloop nie.", "Undercover Farming se Wes-Kaap-konferensie", "Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-16 13:46:27+00:00
null
2016-09-15 10:29:42
Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle 'n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fbayer-betaal-66-miljard-vir-monsanto%2F.json
http://www.proagri.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Monsanto-Bayer-CEOs-Agreement.jpg
af
null
Bayer betaal $66-miljard vir Monsanto
null
null
www.proagri.co.za
Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle ‘n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal. Dit kom neer op ‘n $66-miljard ooreenkoms. Bayer is in 1863 in Duitsland gestig en is een van die grootste internasionale maatskappye wat spesialiseer in oesbeskerming. “Ons is bly om die kombinasie van die twee groot organisasies aan te kondig. Hierdie is ‘n groot stap vorentoe vir ons gewaskunde-afdeling en versterk Bayer se leierskapsposisie as ‘n globale innovasie-gedrewe lewenswetenskappe maatskappy,” sê Werner Baumann, besturende direkteur van Bayer AG. Monsanto is in 1901 gestig deur ‘n apteker genaam John Queeny in St. Louis, Missouri om sakkarien te produseer. In 1976 het hulle hul mees bekende produk van stapel gestuur naamlik die onkruiddoder, Roundup. In die 1980’s was die wetenskaplikes die eerste om plantselle geneties te manipuleer. Monsanto het toe ander saadmaatskappye begin koop en proewe gedoen. Hulle verkoop onder meer saad wat geneties ontwerp om verdraagsaam te wees teenoor Roundup. “Die aankondiging is ‘n bewys van alles wat ons al bereik het. Ons glo dat die ooreenkoms met Bayer waarde vir ons aandeelhouers sal inhou,” sê Hugh Grant, besturende direkteur van Monsanto. Volgens berigte in internasionale sakepublikasies kan die ooreenkoms Monsanto uit die spervuur haal van kritici wat nie die gebruik van geneties gemanipuleerde organismes wil aanvaar nie. Bayer wil ‘n dominante posisie kry in die verkoop van sade en plaagdoders aan boere regoor die wêreld. Die samesmelting sal dit die grootste internasionale kombinasie van saad- en oesbeskerming maak. Lees die volledige storie op Monsanto se webwerf: http://news.monsanto.com/Bayer-Monsanto-acquisition Foto: Besturende direkteur van Monsanto, Hugh Grant skud hande met die besturende direkteur van Bayer AG, Werner Baumann.
http://www.proagri.co.za/bayer-betaal-66-miljard-vir-monsanto/
af
2016-09-15
www.proagri.co.za/6ce3b88bcc5ae552738eef44cd6f97449df4b0c799827ae5f3f0b9058dc0c1a5.json
[ "Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle ‘n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal. Dit kom neer op ‘n $66-miljard ooreenkoms.\nBayer is in 1863 in Duitsland gestig en is een van die grootste internasionale maatskappye wat spesialiseer in oesbeskerming.\n“Ons is bly om die kombinasie van die twee groot organisasies aan te kondig. Hierdie is ‘n groot stap vorentoe vir ons gewaskunde-afdeling en versterk Bayer se leierskapsposisie as ‘n globale innovasie-gedrewe lewenswetenskappe maatskappy,” sê Werner Baumann, besturende direkteur van Bayer AG.\nMonsanto is in 1901 gestig deur ‘n apteker genaam John Queeny in St. Louis, Missouri om sakkarien te produseer. In 1976 het hulle hul mees bekende produk van stapel gestuur naamlik die onkruiddoder, Roundup. In die 1980’s was die wetenskaplikes die eerste om plantselle geneties te manipuleer. Monsanto het toe ander saadmaatskappye begin koop en proewe gedoen. Hulle verkoop onder meer saad wat geneties ontwerp om verdraagsaam te wees teenoor Roundup.\n“Die aankondiging is ‘n bewys van alles wat ons al bereik het. Ons glo dat die ooreenkoms met Bayer waarde vir ons aandeelhouers sal inhou,” sê Hugh Grant, besturende direkteur van Monsanto.\nVolgens berigte in internasionale sakepublikasies kan die ooreenkoms Monsanto uit die spervuur haal van kritici wat nie die gebruik van geneties gemanipuleerde organismes wil aanvaar nie. Bayer wil ‘n dominante posisie kry in die verkoop van sade en plaagdoders aan boere regoor die wêreld. Die samesmelting sal dit die grootste internasionale kombinasie van saad- en oesbeskerming maak.\nLees die volledige storie op Monsanto se webwerf: http://news.monsanto.com/Bayer-Monsanto-acquisition\nFoto: Besturende direkteur van Monsanto, Hugh Grant skud hande met die besturende direkteur van Bayer AG, Werner Baumann.", "Bayer betaal $66-miljard vir Monsanto", "Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle 'n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal." ]
[ "Benine Cronje" ]
2016-09-30 08:22:49+00:00
null
2016-09-30 09:47:32
Die hofuitspraak oor hoeveel pekelwater in hoender mag gespuit word, gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid.
http%3A%2F%2Fwww.proagri.co.za%2Fpekelregulasies-gaan-lei-tot-prysverhogings-en-werkloosheid%2F.json
http://proagri.local/wp-content/uploads/2014/04/trekkertjie.jpg
af
null
Pekelregulasies gaan lei tot prysverhogings en werkloosheid
null
null
www.proagri.co.za
Die hofuitspraak oor pekelregulasies in hoender gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid. Die Noord-Gauteng se hooggeregshof het SAPA (Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging) se aansoek van die hand gewys met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word. Dit beteken dat die hoeveelheid pekel wat in hoender ingespuit mag word, tot 15% beperk word vanaf 22 Oktober 2016 ingevolge die nuwe regulasies. “Pekelbeperking sal ‘n negatiewe uitwerking hê, nie net vir die pluimveebedryf nie, maar ook vir die verbruiker en ekonomie,” sê Gareth Lloyd-Jones, besturende direkteur van Ecowize – een van SA se leiers in higiëne- en sanitasie-diensverskaffers aan die kos, farmaseutiese en gesondheidsbedrywe. Hy verduidelik: “Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het aangemeld dat die pluimveebedryf die grootste segment van die Suid-Afrikaanse landbousektor is, dit dra meer as 16% van landbou se aandeel tot die bruto binnelandse produk by. Dit verskaf direkte en indirekte werksgeleenthede vir byna 108 000 mense deur die waardeketting en verwante bedrywe. Die nuwe pekelregulasies sal die prys van hoender verhoog en mense sal hulle werk verloor, veral onder braaikuikenprodusente.” “Terwyl die pekelregulasies kastig deur die minister van Landbou gemaak is om die verbruiker te beskerm het sy departement nie daarin geslaag om verbruikers te beskerm nie,” sê Gareth. Een van die motiverende faktore vir die beslissing was die potensiële gesondheidsimplikasies van die soutinhoud van pekelhoender. Gareth voeg egter by dat pekelhoenderporsies minder as ‘n kwart van die hoeveelheid sout bevat as ‘n standaard brood (100g). Lees hier ons vorige artikel oor die hofuitspraak: Hof sê steeds minder pekelwater in hoender.
http://www.proagri.co.za/pekelregulasies-gaan-lei-tot-prysverhogings-en-werkloosheid/
af
2016-09-30
www.proagri.co.za/d7e19a137090759b074138b86fbad612a74ff6c84f2d3690ba8b3ecfa6b1d38f.json
[ "Die hofuitspraak oor pekelregulasies in hoender gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid. Die Noord-Gauteng se hooggeregshof het SAPA (Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging) se aansoek van die hand gewys met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word.\nDit beteken dat die hoeveelheid pekel wat in hoender ingespuit mag word, tot 15% beperk word vanaf 22 Oktober 2016 ingevolge die nuwe regulasies.\n“Pekelbeperking sal ‘n negatiewe uitwerking hê, nie net vir die pluimveebedryf nie, maar ook vir die verbruiker en ekonomie,” sê Gareth Lloyd-Jones, besturende direkteur van Ecowize – een van SA se leiers in higiëne- en sanitasie-diensverskaffers aan die kos, farmaseutiese en gesondheidsbedrywe.\nHy verduidelik: “Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het aangemeld dat die pluimveebedryf die grootste segment van die Suid-Afrikaanse landbousektor is, dit dra meer as 16% van landbou se aandeel tot die bruto binnelandse produk by. Dit verskaf direkte en indirekte werksgeleenthede vir byna 108 000 mense deur die waardeketting en verwante bedrywe. Die nuwe pekelregulasies sal die prys van hoender verhoog en mense sal hulle werk verloor, veral onder braaikuikenprodusente.”\n“Terwyl die pekelregulasies kastig deur die minister van Landbou gemaak is om die verbruiker te beskerm het sy departement nie daarin geslaag om verbruikers te beskerm nie,” sê Gareth.\nEen van die motiverende faktore vir die beslissing was die potensiële gesondheidsimplikasies van die soutinhoud van pekelhoender. Gareth voeg egter by dat pekelhoenderporsies minder as ‘n kwart van die hoeveelheid sout bevat as ‘n standaard brood (100g).\nLees hier ons vorige artikel oor die hofuitspraak: Hof sê steeds minder pekelwater in hoender.", "Pekelregulasies gaan lei tot prysverhogings en werkloosheid", "Die hofuitspraak oor hoeveel pekelwater in hoender mag gespuit word, gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid." ]
[]
2016-09-16 13:49:03+00:00
null
2016-08-30 20:50:37
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F08%2F30%2Fnuwe-filmvrystelling-noem-skollie-vrydag-2-september%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/08/Noem-my-skollie.jpg
en
null
Nuwe Filmvrystelling: “Noem my Skollie: Vrydag 2 September
null
null
www.kwevoel.co.za
Noem my Skollie, dié baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier, is gebaseer op die ware verhaal van ’n jong man in die 1960’s wat ’n storieverteller in die tronk word. Die film begin op Vrydag 2 September in verskeie teaters regoor Suid-Afrika draai. Daryne Joshua maak sy debuut as regisseur in hierdie groot-skerm fliek wat kykers vasgenael in hul sitplekke sal laat sit terwyl die wêreld voor hulle ontvou op ‘n geloofwaardige manier soos min gesien. Die film is gebaseer is op die lewe van die film se draaiboekskrywer, John W. Fredericks, en speel af op die Kaapse Vlakte en in die Pollsmoor Gevangenis. Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tienderjariges, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat saam op die verarmde rampokkergebiede van die Cape Flats gedurende die 1960’s opgroei. Nieteenstaande hul omstandighede, probeer die kinders om die rampokkers, wat hul daaglikse lewe infiltreer, te vermy. Wanneer AB deur ‘n traumatiese ondervinding platgetrek word, besluit hulle om ‘n bende te vorm, net om hulself te kan verdedig. Hierdie vier vriende, nou soos broers, is nie by ernstige misdaad betrokke nie. Die polisie hou egter ‘n wakende ogie oor hulle terwyl hulle van tieners ontwikkel in gewilde jong mans. ‘n Heelwat ouer AB, gespeel deur Dann-Jacques Mouton, en Gimba, gespeel deur Gantane Kusch, word gearresteer tydens ‘n winkelinbraak en word tot twee jaar gevangenisskap gevonnis. In hierdie gevaarlike prisonierswêreld, besluit AB om sy storievertel-talent te gebruik om die geharde gevangenisse te vermaak om sodoende sy eie status in die tronk te verhoog. Gimba besluit op ‘n heel ander pad om sy eie veiligheid te verseker. Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, hervat hy sy verhouding met sy pragtige kinderliefde, Jenny, gespeel deur Tarryn Wyngaard, en probeer om sy fokus te verskuif deur stories te skryf om haar te beïndruk. Sy bendevriende oorreed hom om vir oulaas by hulle aan te sluit – ‘n besluit wat skokkende gevolge vir hul almal inhou. Die verfilming is treffend met intense detail wat konsentreer op die gemoedere gedurende die 1960’s. Oortuigende spel word deur die talle Suid-Afrikaanse akteurs sowel as nuwe talent gelewer. Die film verseker dat die kyker deurentyd vasgevang en vermaak word in die intensiewe emosionele spel wat voor hulle afspeel. Noem my Skollie bied baie op ‘n verskeidenheid van terreine soos vriendskap, verraad, vergiffenis, aanvaarding en die strewe na ‘n beter lewe, hoop en liefde. Die titel van die film beklemtoon die uitdrukking dat jy nie ‘n boek op sy omslag takseer nie en die siening dat elkeen oor ‘n gawe beskik, al is dit moeilik om dit te vind en al kom dit partykeer teen betaling. John W. Fredericks het die skool as tiener gelos en het baie van sy jeugjare in die tronk deurgebring. Tog het hy, nou in sy sestiger-jare, daarin geslaag om ‘n wêreldklas draaiboek te skryf. Die rolverdeling bestaan onder andere uit Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally asook uitmuntende spel deur die nuweling op die stel, David Manuel, wat die rol van die tronkbaas vertolk terwyl hy uit was op parool gedurende die tydperk wat die film geskiet is. Noem My Skollie word deur Ster Kinekor Entertainment versprei.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/nuwe-filmvrystelling-noem-skollie-vrydag-2-september/
af
2016-08-30
www.kwevoel.co.za/7ca0f8e9ed283e4d54f3f2f53c4f9bd14f7dd95c4fc62328f8d9d908d8ccd61c.json
[ "Noem my Skollie, dié baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier, is gebaseer op die ware verhaal van ’n jong man in die 1960’s wat ’n storieverteller in die tronk word. Die film begin op Vrydag 2 September in verskeie teaters regoor Suid-Afrika draai.\nDaryne Joshua maak sy debuut as regisseur in hierdie groot-skerm fliek wat kykers vasgenael in hul sitplekke sal laat sit terwyl die wêreld voor hulle ontvou op ‘n geloofwaardige manier soos min gesien. Die film is gebaseer is op die lewe van die film se draaiboekskrywer, John W. Fredericks, en speel af op die Kaapse Vlakte en in die Pollsmoor Gevangenis.\nNoem My Skollie vertel die verhaal van vier tienderjariges, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat saam op die verarmde rampokkergebiede van die Cape Flats gedurende die 1960’s opgroei.\nNieteenstaande hul omstandighede, probeer die kinders om die rampokkers, wat hul daaglikse lewe infiltreer, te vermy. Wanneer AB deur ‘n traumatiese ondervinding platgetrek word, besluit hulle om ‘n bende te vorm, net om hulself te kan verdedig. Hierdie vier vriende, nou soos broers, is nie by ernstige misdaad betrokke nie. Die polisie hou egter ‘n wakende ogie oor hulle terwyl hulle van tieners ontwikkel in gewilde jong mans. ‘n Heelwat ouer AB, gespeel deur Dann-Jacques Mouton, en Gimba, gespeel deur Gantane Kusch, word gearresteer tydens ‘n winkelinbraak en word tot twee jaar gevangenisskap gevonnis.\nIn hierdie gevaarlike prisonierswêreld, besluit AB om sy storievertel-talent te gebruik om die geharde gevangenisse te vermaak om sodoende sy eie status in die tronk te verhoog. Gimba besluit op ‘n heel ander pad om sy eie veiligheid te verseker.\nWanneer AB uit die tronk vrygelaat word, hervat hy sy verhouding met sy pragtige kinderliefde, Jenny, gespeel deur Tarryn Wyngaard, en probeer om sy fokus te verskuif deur stories te skryf om haar te beïndruk. Sy bendevriende oorreed hom om vir oulaas by hulle aan te sluit – ‘n besluit wat skokkende gevolge vir hul almal inhou.\nDie verfilming is treffend met intense detail wat konsentreer op die gemoedere gedurende die 1960’s. Oortuigende spel word deur die talle Suid-Afrikaanse akteurs sowel as nuwe talent gelewer. Die film verseker dat die kyker deurentyd vasgevang en vermaak word in die intensiewe emosionele spel wat voor hulle afspeel.\nNoem my Skollie bied baie op ‘n verskeidenheid van terreine soos vriendskap, verraad, vergiffenis, aanvaarding en die strewe na ‘n beter lewe, hoop en liefde. Die titel van die film beklemtoon die uitdrukking dat jy nie ‘n boek op sy omslag takseer nie en die siening dat elkeen oor ‘n gawe beskik, al is dit moeilik om dit te vind en al kom dit partykeer teen betaling.\nJohn W. Fredericks het die skool as tiener gelos en het baie van sy jeugjare in die tronk deurgebring. Tog het hy, nou in sy sestiger-jare, daarin geslaag om ‘n wêreldklas draaiboek te skryf.\nDie rolverdeling bestaan onder andere uit Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally asook uitmuntende spel deur die nuweling op die stel, David Manuel, wat die rol van die tronkbaas vertolk terwyl hy uit was op parool gedurende die tydperk wat die film geskiet is.\nNoem My Skollie word deur Ster Kinekor Entertainment versprei.", "Nuwe Filmvrystelling: “Noem my Skollie: Vrydag 2 September" ]
[]
2016-09-21 21:53:55+00:00
null
2016-09-21 22:19:40
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F21%2Fverjaarsdagmaand-by-strewe%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Strewe-15-Set-as-1.jpg
en
null
Verjaarsdagmaand by Strewe
null
null
www.kwevoel.co.za
Septembermaand is verjaarsdagmaand by Strewe VLU. 13 September 1961 is ’n belangrike datum vir hierdie tak aangesien dit die datum is waarop die tak gestig is. Vanjaar vier die tak sy 55ste verjaarsdag. Op die foto bo klink die lede wat die langste by Strewe VLU-tak betrokke is, ’n glasie wyn. Hulle is van links Magda Lottering, Erika Lee en Bets van Graan. Die volgende vergadering is gedurende Oktober op Dwaalboom en enige belangstellendes kan vir Ilna Schutte by 0827748803 skakel.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/verjaarsdagmaand-by-strewe/
af
2016-09-21
www.kwevoel.co.za/4ebb51125ce74f7c0e5fc66f7782f18cfbf3e5b8bde0a15128b2bdc51d065d46.json
[ "Septembermaand is verjaarsdagmaand by Strewe VLU. 13 September 1961 is ’n belangrike datum vir hierdie tak aangesien dit die datum is waarop die tak gestig is.\nVanjaar vier die tak sy 55ste verjaarsdag. Op die foto bo klink die lede wat die langste by Strewe VLU-tak betrokke is, ’n glasie wyn. Hulle is van links Magda Lottering, Erika Lee en Bets van Graan.\nDie volgende vergadering is gedurende Oktober op Dwaalboom en enige belangstellendes kan vir Ilna Schutte by 0827748803 skakel.", "Verjaarsdagmaand by Strewe" ]
[]
2016-09-26 21:34:27+00:00
null
2016-09-12 12:46:38
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F12%2Fthabazimbi-munisipaliteit-versoek-ingryping-deur-die-tesourie-thabazimbi-council-asked-treasury-financial-intervention%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/06/thabazimbi-logo.png
en
null
Thabazimbi munisipaliteit versoek ingryping deur die Tesourie / Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Media24 berig dat die nuut verkose speaker van die Munisipale raad, dr Bertie Joubert, aangedui het dat die raad reeds verlede week ‘n skrywe aan die Tesourie en die Departement van Koöperatiewe Sake gerig het met ‘n versoek vir finansiële ingrype in die finansies van die Thabazimbi Munisipaliteit. “Hierdie is die volgende stap nadat die provinsiale regering die Thabazimbi Munisipaliteit onder administrasie geplaas het, ‘n stap wat ongelukkig nie geslaagd was nie,” het Joubert gesê en toegevoeg dat die nuwe raad onwettige en ongemagtigde uitgawes van meer as R200 miljoen gedurende die vorige finansiële jaar bloot gelê het. Hy sê dit kan dalk maar net die piek van die ysberg wees. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die Tesourie sal toegee tot die raad se versoek vir ‘n forensiese ondersoek na die vorige raad se geldsake. Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit is nou afhanklik van donasies van goeie Samaritane om hulle intussen by te staan met lessenaars en rekenaars om te help om die munisipaliteit weer operasioneel te kry na die vorige ANC beheerde raad se korrupte bestuur deurdat lasbriewe van die hof vir betaling van krediteure eenvoudig geïgnoreer is. Dit het tot die totale finansiële ineenstorting van die Thabazimbi Munisipaliteit gelei, sodanig dat die ANC nie daarin geslaag het om ‘n besliste meerderheid in die afgelope Munisipale verkiesing te behaal nie. Sedert die oorname van die munisipaliteit deur die koalisie ooreenkoms tussen die DA, EFF en TRA (Thabazimbi Residents Association) is die ANC se meerderheidstem in die raad hom ontneem. ‘n Week nadat die raadslede reeds in hul nuwe posisies ingehuldig moes word, het ANC raad eers die munisipale vergadering belê om uitvoering hieraan te gee. Teen hierdie tyd het die nuwe raad in ‘n geplunderde gebou, waarvan al die kantoormeubels en rekenaars reeds deur die Balju op grond van die verskeie hofbevele op beslag gelê is, ingestap. Al die lêers is op ‘n deurmekaar hoop in die hoek van een kantoor gegooi. Personeel moes maar die gemors uitsorteer deur elke lêer deur te gaan en bymekaar te hou tot tyd en wyl nuwe liasseer kabinette verkry kan word. Kwêvoël het verlede week berig dat die huidige raad van voorneme is om aksie teen twee senior amptenare in die Thabazimbi Munisipaliteit te neem. “Daar is ooreenkomste aangegaan en aankope gedoen wat nie volgens die riglyne soos bepaal in die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur uitgevoer is nie, wat aanleiding gegee het tot hierdie onwettige aksies.” Media24 berig ook dat die Limpopo koöperatiewe regering se woordvoerder, Kathu Razwiedani, op navraag genoem het dat hulle tevrede was met dit wat die administrateur by die Thabazimbi Munisipaliteit vermag het, sonder om te noem wat die regstellende aksie is wat die Departement gaan neem vir die huidige situasie in Thabazimbi nie. Razwiedani het ook genoem dat Thabazimbi dieselfde ondersteuning as al die ander munisipaliteite ontvang het. Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention Thabazimbi – According to Media 24, the newly appointed speaker of the Thabazimbi Municipality, Dr Bertie Joubert, reported that the council had written to Treasury and the department of cooperative governance, seeking financial intervention. “This is the next step after the provincial government placed the municipality under administration, but all this failed,” he said, adding that the new council had uncovered unlawful and irregular expenses from the last financial year amounting to more than R200 million. Joubert said this could be the tip of the iceberg and council was hoping Treasury would accede to its request for a forensic audit. Thabazimbi Local Municipality in Limpopo now rely on donations from Good Samaritans for office furniture and computers to help it become operational due to the previous ANC controlled council’s fraudulent management and non adherence to court orders to pay their creditors, which resulted in the total financial collapse of the Thabazimbi Municipality. The ANC failed to obtain a majority ruling during the past Municipal elections. Since the new coalition council consisting of the DA, EFF and TRA outvoted the ANC, the municipality has been relying on one computer shared by various departments. After a week of the ANC controlled council refusing to arrange a council meeting to empower the newly appointed councillors, the new council only found bare offices stripped of all office furniture and computors since the sheriff of the court seized all these items in accordance with court orders issued. However, there is hope, after some businesses and individuals promised to donate furniture and computers. Files were dumped on a heap in one of the offices and staff had to sort out this mess, file by file, in order to restore some order for when they can obtain filing cabinets. Last week Kwêvoël reported that the council is considering action against two of the Municipal senior employees. “There are some agreements and purchases that were not done in accordance with the Municipal Finance Management Act processes, hence the unlawful and irregular expenditures.” Media24 also reported that the Limpopo cooperative governance spokesperson Kathu Razwiedani mentioned, when asked, that the ANC was happy with the work done by the administrator and its intervention in Thabazimbi so far, without saying what the department was doing to remedy the situation in Thabazimbi. Razwiedani concluded with: “We are supporting the municipality, just as we have done with others.”
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/thabazimbi-munisipaliteit-versoek-ingryping-deur-die-tesourie-thabazimbi-council-asked-treasury-financial-intervention/
af
2016-09-12
www.kwevoel.co.za/d131d9d6621c9f963f8b709ce068a58c39fc73f6fc1a8ee6e5f29edb76f252ca.json
[ "THABAZIMBI – Media24 berig dat die nuut verkose speaker van die Munisipale raad, dr Bertie Joubert, aangedui het dat die raad reeds verlede week ‘n skrywe aan die Tesourie en die Departement van Koöperatiewe Sake gerig het met ‘n versoek vir finansiële ingrype in die finansies van die Thabazimbi Munisipaliteit.\n“Hierdie is die volgende stap nadat die provinsiale regering die Thabazimbi Munisipaliteit onder administrasie geplaas het, ‘n stap wat ongelukkig nie geslaagd was nie,” het Joubert gesê en toegevoeg dat die nuwe raad onwettige en ongemagtigde uitgawes van meer as R200 miljoen gedurende die vorige finansiële jaar bloot gelê het. Hy sê dit kan dalk maar net die piek van die ysberg wees. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die Tesourie sal toegee tot die raad se versoek vir ‘n forensiese ondersoek na die vorige raad se geldsake.\nThabazimbi Plaaslike Munisipaliteit is nou afhanklik van donasies van goeie Samaritane om hulle intussen by te staan met lessenaars en rekenaars om te help om die munisipaliteit weer operasioneel te kry na die vorige ANC beheerde raad se korrupte bestuur deurdat lasbriewe van die hof vir betaling van krediteure eenvoudig geïgnoreer is. Dit het tot die totale finansiële ineenstorting van die Thabazimbi Munisipaliteit gelei, sodanig dat die ANC nie daarin geslaag het om ‘n besliste meerderheid in die afgelope Munisipale verkiesing te behaal nie.\nSedert die oorname van die munisipaliteit deur die koalisie ooreenkoms tussen die DA, EFF en TRA (Thabazimbi Residents Association) is die ANC se meerderheidstem in die raad hom ontneem. ‘n Week nadat die raadslede reeds in hul nuwe posisies ingehuldig moes word, het ANC raad eers die munisipale vergadering belê om uitvoering hieraan te gee. Teen hierdie tyd het die nuwe raad in ‘n geplunderde gebou, waarvan al die kantoormeubels en rekenaars reeds deur die Balju op grond van die verskeie hofbevele op beslag gelê is, ingestap.\nAl die lêers is op ‘n deurmekaar hoop in die hoek van een kantoor gegooi. Personeel moes maar die gemors uitsorteer deur elke lêer deur te gaan en bymekaar te hou tot tyd en wyl nuwe liasseer kabinette verkry kan word.\nKwêvoël het verlede week berig dat die huidige raad van voorneme is om aksie teen twee senior amptenare in die Thabazimbi Munisipaliteit te neem. “Daar is ooreenkomste aangegaan en aankope gedoen wat nie volgens die riglyne soos bepaal in die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur uitgevoer is nie, wat aanleiding gegee het tot hierdie onwettige aksies.”\nMedia24 berig ook dat die Limpopo koöperatiewe regering se woordvoerder, Kathu Razwiedani, op navraag genoem het dat hulle tevrede was met dit wat die administrateur by die Thabazimbi Munisipaliteit vermag het, sonder om te noem wat die regstellende aksie is wat die Departement gaan neem vir die huidige situasie in Thabazimbi nie. Razwiedani het ook genoem dat Thabazimbi dieselfde ondersteuning as al die ander munisipaliteite ontvang het.\nThabazimbi council asked Treasury for financial intervention\nThabazimbi – According to Media 24, the newly appointed speaker of the Thabazimbi Municipality, Dr Bertie Joubert, reported that the council had written to Treasury and the department of cooperative governance, seeking financial intervention.\n“This is the next step after the provincial government placed the municipality under administration, but all this failed,” he said, adding that the new council had uncovered unlawful and irregular expenses from the last financial year amounting to more than R200 million. Joubert said this could be the tip of the iceberg and council was hoping Treasury would accede to its request for a forensic audit.\nThabazimbi Local Municipality in Limpopo now rely on donations from Good Samaritans for office furniture and computers to help it become operational due to the previous ANC controlled council’s fraudulent management and non adherence to court orders to pay their creditors, which resulted in the total financial collapse of the Thabazimbi Municipality. The ANC failed to obtain a majority ruling during the past Municipal elections.\nSince the new coalition council consisting of the DA, EFF and TRA outvoted the ANC, the municipality has been relying on one computer shared by various departments. After a week of the ANC controlled council refusing to arrange a council meeting to empower the newly appointed councillors, the new council only found bare offices stripped of all office furniture and computors since the sheriff of the court seized all these items in accordance with court orders issued. However, there is hope, after some businesses and individuals promised to donate furniture and computers.\nFiles were dumped on a heap in one of the offices and staff had to sort out this mess, file by file, in order to restore some order for when they can obtain filing cabinets.\nLast week Kwêvoël reported that the council is considering action against two of the Municipal senior employees. “There are some agreements and purchases that were not done in accordance with the Municipal Finance Management Act processes, hence the unlawful and irregular expenditures.”\nMedia24 also reported that the Limpopo cooperative governance spokesperson Kathu Razwiedani mentioned, when asked, that the ANC was happy with the work done by the administrator and its intervention in Thabazimbi so far, without saying what the department was doing to remedy the situation in Thabazimbi. Razwiedani concluded with: “We are supporting the municipality, just as we have done with others.”", "Thabazimbi munisipaliteit versoek ingryping deur die Tesourie / Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention" ]
[]
2016-09-16 13:33:44+00:00
null
2016-09-09 15:09:45
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F09%2Flimpopo-junior-keuring-vir-bondedag-jukskei%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Kwevoel-Logo.jpg
en
null
Limpopo Junior Keuring vir Bondedag: Jukskei
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Agt van die 18 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer wat die afgelope Saterdag, 3 September, aan die keuring vir juniors jukskei spelers te Pietersburg deelgeneem het, het provinsiale kleure tydens dié geleentheid verwerf. Hulle is: Seuns o/16: John Jacquet. Seuns o/19: Vincent Pelzer, Johan Liebenberg (Kaptein) en Louis Janeke. Dogters o/19: Lize-Marie Geldenhuys, Jadene Roods, Chantell Meyer en Michelle van der Sandt (Kaptein). Mnr Gerhard Booyens, organiseerder van HFM jukskei, is ook aangewys as die seuns o/19 afrigter. Die dogters o/19 afrigter is me Joyce du Preez, oud bekende in jukskeikringe en ook nou betrokke by HFM se jukskei. Bogenoemde spelers neem op 15 Oktober aan die Bondedag te Krugersdorp deel. Goeie wense ook aan HFM se o/19 dogterspan wat wenners van die liga is en wat Saterdag eerskomend aan die Direkteurstrofee kompetisie te Pretoria gaan deelneem.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/09/limpopo-junior-keuring-vir-bondedag-jukskei/
af
2016-09-09
www.kwevoel.co.za/9b26bb210829c8ccd8bb6b4383e3b2e46bd46794ac242fce53ba6ab0898f62b0.json
[ "THABAZIMBI – Agt van die 18 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer wat die afgelope Saterdag, 3 September, aan die keuring vir juniors jukskei spelers te Pietersburg deelgeneem het, het provinsiale kleure tydens dié geleentheid verwerf.\nHulle is:\nSeuns o/16: John Jacquet.\nSeuns o/19: Vincent Pelzer, Johan Liebenberg (Kaptein) en Louis Janeke.\nDogters o/19: Lize-Marie Geldenhuys, Jadene Roods, Chantell Meyer en Michelle van der Sandt (Kaptein).\nMnr Gerhard Booyens, organiseerder van HFM jukskei, is ook aangewys as die seuns o/19 afrigter. Die dogters o/19 afrigter is me Joyce du Preez, oud bekende in jukskeikringe en ook nou betrokke by HFM se jukskei.\nBogenoemde spelers neem op 15 Oktober aan die Bondedag te Krugersdorp deel. Goeie wense ook aan HFM se o/19 dogterspan wat wenners van die liga is en wat Saterdag eerskomend aan die Direkteurstrofee kompetisie te Pretoria gaan deelneem.", "Limpopo Junior Keuring vir Bondedag: Jukskei" ]
[]
2016-09-16 13:44:41+00:00
null
2016-09-02 15:40:29
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F02%2Fn-reis-deur-die-idee-wereld-van-n-briljante-dromer%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Jannie-du-toit-doen-Brel-pr.jpg
en
null
‘n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
null
null
www.kwevoel.co.za
Jannie du Toit is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Op Donderdag 8 September 2016 kry Brel liefhebbers die geleentheid vir ’n aand se vermaak wanneer Jannie Bonjour Monsieur Brel by die Brooklyn Teater in Pretoria aanbied. In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk. Met sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu. In haar resensie oor die vertoning by die Vrystaatfees, skryf Naomi Morgan (verbonde aan die Departement Frans aan die Universiteit van die Vrystaat) onder andere: ‘Hierdie produksie is afgerond en goed beplan’ ‘Bonjour, Monsieur Brel! is ‘n energieke vertoning waarin Jannie die hele verhoog gebruik en woorde met hande en liggaamstaal verbeeld’ ‘Die taalverskeidenheid van die vertoning maak ‘n luukse indruk in hierdie tye van taalverskraling: vier tale (Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans) word ondersteun deur kultureel-spesifieke lyftaal wat opmerklik is in veral die Nederlandse en Engels liedjies (soos “Amsterdam”, wat Jannie sing in ‘n diep register met ‘n perfekte Britse aksent)’ ‘Rall se sprankelende begeleiding in “Madeleine” herinner aan die interpretasie van gebeure op die grootskerm deur klavierspelers in die era van die stilfilms. Mouton se welluidende tjelloklank voer ‘n empatiese dialoog met Jannie se stem; veral in “Jojo” en “Laat me niet alleen” onderstreep die lang, ekspressiewe note die patos van die situasie wat deur die woorde geskets word’ Die gehoor word deur Mont du Toit Kelders van Wellington genooi om ’n heerlike glasie prima Suid-Afrikaanse rooiwyn komplimentêr te klink. Jannie stel ook op die aand sy nuwe CD, Jannie du Toit chante/sing/sings/zingt Brel bekend. Die helfte van die 22 Brel-chansons is bestaande opnames wat hy saam met Christa Steyn gemaak het – beginnende met Madeleine en Liefde van Later in 1990. Dan is daar ook Brel-liedjies uit De Kleine Man van 1994, Jannie en die Tannie van 2006 en Brel in Brooklyn van 2010. Die ander helfte is opnames van verwerkings wat vir die huidige produksie gemaak is. Hierdie album is ’n lank gekoesterde droom van Jannie wat nou gestalte kry. Die album is reeds by Salon Musiek op die terrein van die Brooklynteater te koop, maar kan ook van enige goeie CD-winkel bestel word. Die verspreiding in die handel word hanteer deur REAL Music: 011-823-1771 of e-pos sales@realmusic.co.za
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/n-reis-deur-die-idee-wereld-van-n-briljante-dromer/
af
2016-09-02
www.kwevoel.co.za/d035aeb4a4c72da538ffdd291d0e01bb9512943a1215ea0251707a5591f8d4ef.json
[ "Jannie du Toit is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn.\nOp Donderdag 8 September 2016 kry Brel liefhebbers die geleentheid vir ’n aand se vermaak wanneer Jannie Bonjour Monsieur Brel by die Brooklyn Teater in Pretoria aanbied.\nIn Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis.\nVeral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk.\nMet sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig.\nBrel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.\nIn haar resensie oor die vertoning by die Vrystaatfees, skryf Naomi Morgan (verbonde aan die Departement Frans aan die Universiteit van die Vrystaat) onder andere: ‘Hierdie produksie is afgerond en goed beplan’ ‘Bonjour, Monsieur Brel! is ‘n energieke vertoning waarin Jannie die hele verhoog gebruik en woorde met hande en liggaamstaal verbeeld’\n‘Die taalverskeidenheid van die vertoning maak ‘n luukse indruk in hierdie tye van taalverskraling: vier tale (Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans) word ondersteun deur kultureel-spesifieke lyftaal wat opmerklik is in veral die Nederlandse en Engels liedjies (soos “Amsterdam”, wat Jannie sing in ‘n diep register met ‘n perfekte Britse aksent)’\n‘Rall se sprankelende begeleiding in “Madeleine” herinner aan die interpretasie van gebeure op die grootskerm deur klavierspelers in die era van die stilfilms. Mouton se welluidende tjelloklank voer ‘n empatiese dialoog met Jannie se stem; veral in “Jojo” en “Laat me niet alleen” onderstreep die lang, ekspressiewe note die patos van die situasie wat deur die woorde geskets word’\nDie gehoor word deur Mont du Toit Kelders van Wellington genooi om ’n heerlike glasie prima Suid-Afrikaanse rooiwyn komplimentêr te klink.\nJannie stel ook op die aand sy nuwe CD, Jannie du Toit chante/sing/sings/zingt Brel bekend. Die helfte van die 22 Brel-chansons is bestaande opnames wat hy saam met Christa Steyn gemaak het – beginnende met Madeleine en Liefde van Later in 1990. Dan is daar ook Brel-liedjies uit De Kleine Man van 1994, Jannie en die Tannie van 2006 en Brel in Brooklyn van 2010. Die ander helfte is opnames van verwerkings wat vir die huidige produksie gemaak is. Hierdie album is ’n lank gekoesterde droom van Jannie wat nou gestalte kry.\nDie album is reeds by Salon Musiek op die terrein van die Brooklynteater te koop, maar kan ook van enige goeie CD-winkel bestel word. Die verspreiding in die handel word hanteer deur REAL Music: 011-823-1771 of e-pos sales@realmusic.co.za", "‘n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer" ]
[]
2016-09-16 13:52:40+00:00
null
2016-08-30 11:14:32
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F08%2F30%2Fmoeilik-taak-le-voor-vir-thabazimbi-munisipale-werkers%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/08/DA-Midah-Meselane-Mayor.jpg
en
null
Moeilik taak lê voor vir Thabazimbi Munisipale werkers
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Met die ANC Munisipale raad wat onttroon is in tydens die afgelope verkiesing en die balju wat beslag gelê het op munisipale eiendom, insluitend rekenaars en kantoormeubels, moet werkers op die vloer sit en hul werk probeer doen. Die nuutverkose burgemeester van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Midah Moselane, het Maandag gesê dat hierdie toestand veroorsaak is deur politieke sabotasie deur die vorige ANC beheerde raad op die stadium dat die nuut verkose raad, en nie die vorige leiers, met hul amptelike pligte moes begin. Moselande, ‘n kandidaat van die Thabazimbi Resident Association, is as burgemeester verkies met die steun van die DA, EFF en TRA. Die Balju het verlede Donderdag op die Munisipaliteit toegeslaan, nadat hulle in versuim het om hul diensverskaffers te betaal vir werk gedoen. Moselane sê dat die vorige raad eisbriewe vir betaling van prokureurs geïgnoreer het. Sowat agt van die diensverskaffers aan wie die munisipaliteit geld geskuld het, het die aksie geneem. Moaselane het gesê dat die presiese bedrag verskuldig nog nie bekend is nie maar dat dit wel miljoene rand beloop. Die meubels in die burgemeester se kantoor sowel as die van die munisipale bestuurder was splinternuut en dit alleen beloop ‘n paar miljoen rand. Sy het genoem dat een rekenaar gelos is nadat die raad by die balju gepleit het om dit nie ook te vat nie sodat inwoners hul diensterekenings kan betaal. Hierdie skandalige situasie kon vermy gewees het indien die vorige raad aanmanings vir betalings opgevolg het. Sy het verder genoem dat die administrateur as die verantwoordelike bestuurder, wat deur Provinsie aangestel is nadat Thabazimbi Munisipaliteit ‘n tyd gelede onder administrasie geplaas is, sal moet verduidelik op welke gronde beslaglegging op die kantoor toerusting gedoen is. Hierdie beslaglegging is nie die eerste geval nie. Daar is geen voertuie om te gebruik nie aangesien dit reeds tydens ‘n vorige beslaglegging verwyder is. Al die munisipaliteit se projekte gaan ondersoek word om te verseker dat dit wel afgehandel is. Intussen gaan die raad met die myn maatskappye, wat deur Thabazimbi bedien word, onderhandel vir moontlike hulp om die munisipaliteit te ondersteun. Werkers sal soos gewoonlik by hul werkstasies aanmeld tot die situasie opgelos is, al is dit net om die lêers wat op die vloere van sommige kantore gestrooi is, bymekaar te maak en uit te sorteer in bondels totdat daar weer kantoormeubels beskikbaar is. – African News Agency (ANA)
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/moeilik-taak-le-voor-vir-thabazimbi-munisipale-werkers/
af
2016-08-30
www.kwevoel.co.za/c17de66fab214f943534909a3d1e05fd09d3baab1c72d332469e8060877ac322.json
[ "THABAZIMBI – Met die ANC Munisipale raad wat onttroon is in tydens die afgelope verkiesing en die balju wat beslag gelê het op munisipale eiendom, insluitend rekenaars en kantoormeubels, moet werkers op die vloer sit en hul werk probeer doen.\nDie nuutverkose burgemeester van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Midah Moselane, het Maandag gesê dat hierdie toestand veroorsaak is deur politieke sabotasie deur die vorige ANC beheerde raad op die stadium dat die nuut verkose raad, en nie die vorige leiers, met hul amptelike pligte moes begin. Moselande, ‘n kandidaat van die Thabazimbi Resident Association, is as burgemeester verkies met die steun van die DA, EFF en TRA.\nDie Balju het verlede Donderdag op die Munisipaliteit toegeslaan, nadat hulle in versuim het om hul diensverskaffers te betaal vir werk gedoen. Moselane sê dat die vorige raad eisbriewe vir betaling van prokureurs geïgnoreer het.\nSowat agt van die diensverskaffers aan wie die munisipaliteit geld geskuld het, het die aksie geneem. Moaselane het gesê dat die presiese bedrag verskuldig nog nie bekend is nie maar dat dit wel miljoene rand beloop. Die meubels in die burgemeester se kantoor sowel as die van die munisipale bestuurder was splinternuut en dit alleen beloop ‘n paar miljoen rand.\nSy het genoem dat een rekenaar gelos is nadat die raad by die balju gepleit het om dit nie ook te vat nie sodat inwoners hul diensterekenings kan betaal. Hierdie skandalige situasie kon vermy gewees het indien die vorige raad aanmanings vir betalings opgevolg het.\nSy het verder genoem dat die administrateur as die verantwoordelike bestuurder, wat deur Provinsie aangestel is nadat Thabazimbi Munisipaliteit ‘n tyd gelede onder administrasie geplaas is, sal moet verduidelik op welke gronde beslaglegging op die kantoor toerusting gedoen is. Hierdie beslaglegging is nie die eerste geval nie. Daar is geen voertuie om te gebruik nie aangesien dit reeds tydens ‘n vorige beslaglegging verwyder is. Al die munisipaliteit se projekte gaan ondersoek word om te verseker dat dit wel afgehandel is.\nIntussen gaan die raad met die myn maatskappye, wat deur Thabazimbi bedien word, onderhandel vir moontlike hulp om die munisipaliteit te ondersteun.\nWerkers sal soos gewoonlik by hul werkstasies aanmeld tot die situasie opgelos is, al is dit net om die lêers wat op die vloere van sommige kantore gestrooi is, bymekaar te maak en uit te sorteer in bondels totdat daar weer kantoormeubels beskikbaar is.\n– African News Agency (ANA)", "Moeilik taak lê voor vir Thabazimbi Munisipale werkers" ]
[]
2016-09-16 13:46:16+00:00
null
2016-09-02 11:49:54
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F02%2Fmunisipale-werknemers-unie-verskoon-blaam-van-disfunksionele-anc%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/06/thabazimbi-logo.png
en
null
Munisipale werknemers-unie verskoon blaam van disfunksionele ANC
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Nieteenstaande die feit dat die vorige disfunksionele ANC-beheerde Munisipale raad en bestuur van die Thabazimbi Munisipaliteit die nuwe toetredende raad wat die ANC se algehele mag oor hoe dinge in die munisipaliteit gebeur, ontneem het, hou die Munisipale werknemers unie die nuwe munisipale bestuur verantwoordelik om die situasie op te los, nieteenstaande die korrupsie, wanbestuur en miljoene rand se skuld wat die vorige bestuur nagelaat het. Dit sluit in die verwydering van alle kantoormeubels, rekenaars en ander kantoortoerusting nadat die balju daarop beslag gelê het die oomblik toe die ANC-beheerde uitvoerende beamptes en raadslede uiteindelik na ’n week se gesukkel hul kantore verlaat het. Volgens die nuwe speaker, dr Bertie Joubert (DA) is hulle geskok oor die blatante ongeêrgdheid van die vorige raad om toe te laat dat die munisipaliteit tot op die vlak gedaal het dat die balju, vanweë hul swak finansiële beleid, beslag op al hierdie kantoortoerusting, insluitend ’n watertenk-vragmotor, beslag gelê het. Die skuld is blykbaar verskuldig aan Eskom (R160 miljoen) en privaat instansies (R30 miljoen). Joubert het verder daarop gewys dat die vorige bestuur voortdurend op hierdie agterstallige betaling gewys is maar steeds het hulle voortgegaan met hul wan-administrasie en -bestuur, korrupsie, ongemagtigde tendertoekennings en bedrog, alles wat reeds aanleiding gegee het dat die Thabazimbi munisipaliteit reeds vir ’n geruime tyd onder administrasie geplaas is. Die aanstelling van ’n onafhanklike administrateur het net dadels beteken en die munisipaliteit het net verder in hul korrupte wanbestuur verval. Die nuwe saamgestelde meerderheid, bestaande uit die DA, EFF en TRA, beloof die inwoners van die Thabazimbi Munisipaliteit dat hulle alles in hul vermoë doen om die munisipaliteit weer funksioneel te maak, korrupsie uit te roei en deur publieke deelname weer op te bou alles wat die vorige ANC-beheerde raad afgebreek het.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/munisipale-werknemers-unie-verskoon-blaam-van-disfunksionele-anc/
af
2016-09-02
www.kwevoel.co.za/b8e78caa942579fc62cef0eff6d353bb0f651b2ba1267d083d14539b8b11c656.json
[ "THABAZIMBI – Nieteenstaande die feit dat die vorige disfunksionele ANC-beheerde Munisipale raad en bestuur van die Thabazimbi Munisipaliteit die nuwe toetredende raad wat die ANC se algehele mag oor hoe dinge in die munisipaliteit gebeur, ontneem het, hou die Munisipale werknemers unie die nuwe munisipale bestuur verantwoordelik om die situasie op te los, nieteenstaande die korrupsie, wanbestuur en miljoene rand se skuld wat die vorige bestuur nagelaat het.\nDit sluit in die verwydering van alle kantoormeubels, rekenaars en ander kantoortoerusting nadat die balju daarop beslag gelê het die oomblik toe die ANC-beheerde uitvoerende beamptes en raadslede uiteindelik na ’n week se gesukkel hul kantore verlaat het.\nVolgens die nuwe speaker, dr Bertie Joubert (DA) is hulle geskok oor die blatante ongeêrgdheid van die vorige raad om toe te laat dat die munisipaliteit tot op die vlak gedaal het dat die balju, vanweë hul swak finansiële beleid, beslag op al hierdie kantoortoerusting, insluitend ’n watertenk-vragmotor, beslag gelê het.\nDie skuld is blykbaar verskuldig aan Eskom (R160 miljoen) en privaat instansies (R30 miljoen).\nJoubert het verder daarop gewys dat die vorige bestuur voortdurend op hierdie agterstallige betaling gewys is maar steeds het hulle voortgegaan met hul wan-administrasie en -bestuur, korrupsie, ongemagtigde tendertoekennings en bedrog, alles wat reeds aanleiding gegee het dat die Thabazimbi munisipaliteit reeds vir ’n geruime tyd onder administrasie geplaas is.\nDie aanstelling van ’n onafhanklike administrateur het net dadels beteken en die munisipaliteit het net verder in hul korrupte wanbestuur verval.\nDie nuwe saamgestelde meerderheid, bestaande uit die DA, EFF en TRA, beloof die inwoners van die Thabazimbi Munisipaliteit dat hulle alles in hul vermoë doen om die munisipaliteit weer funksioneel te maak, korrupsie uit te roei en deur publieke deelname weer op te bou alles wat die vorige ANC-beheerde raad afgebreek het.", "Munisipale werknemers-unie verskoon blaam van disfunksionele ANC" ]
[]
2016-09-26 21:35:34+00:00
null
2016-09-23 05:46:58
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F23%2Fthabazimbi-hou-weer-oktoberfees%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Bierfees-Fees-Logo-2016-2.jpg
en
null
Thabazimbi hou weer Oktoberfees
null
null
www.kwevoel.co.za
Die Thabazimbi Sakekamer bied vanjaar weer hul Oktoberfees op Saterdag 15 Oktober 2016 by die Thabazimbi Skouterrein aan. Met amper 1 500 voete by die eerste fees, beloof hierdie jaar se fees om nog groter te wees! Toegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Enige besigheid kan stoele, gazebo’s en besigheids-baniere in die ‘Bosveld Besigheids park’ kom opslaan en die dag saam met hulle personeel of kliënte kom geniet. Sakekamerlede wat hul 2016 lidmaatskap fooie betaal het kry ‘n area vir hul gazebos en stoele gratis, terwyl ander nie-sakekamerlede besighede ‘n area teen R500 kan bekom. Daar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds se lekker oompha musiek. Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue bier te koop sal wees. Dan is daar uitdagings vir die hele familie om aan deel te neem. So is daar die Thaba Boog en Hengel se 3-in-1 skerpskut uitdaging; Sterkman & Vrou uitdaging; Vyf-‘n-kant sokker; Koedoe horing lang-asem blaas; Chilli Chow; Hunger Games; Toutrek, en vele meer. As jy vroeg wil begin, kom beleef die Kleinbokkie wildveiling wat om 11:00 deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word. Dan is daar ook die manne en vroue van Pretoria en hul plaaslike lede met hul ‘Vintage Car’-uitstalling. Oor die kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite soos die Suikerbekkies/Monkeynastics se Inflatable Park & Games sal hulle besig hou. ‘n Dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier. Vir meer inligting skakel gerus enige van die onderstaande nommers of stuur e-pos aan thabazimbibc@gmail.com. Nommers om te skakel is: Natalia – 079 686 0951; Tokkie – 083 676 2301; Jacques – 083 303 9230; Jason – 083 444 2546; Riana – 072 671 9710; Talita (Northam) – 079 065 3766; Rudolf – 082 802 3745; Nickey – 083 320 5368; Cobus – 083 387 3510; Danie- 082 333 8576; Jolizna- 0825529985; Geoffrey- 0828077809 of Yolande- 0832320320.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/23/thabazimbi-hou-weer-oktoberfees/
af
2016-09-23
www.kwevoel.co.za/a96bf05f14193698f556ab6e0322222ef03a8d1ce99dd64bc36e6fb8de7770ce.json
[ "Die Thabazimbi Sakekamer bied vanjaar weer hul Oktoberfees op Saterdag 15 Oktober 2016 by die Thabazimbi Skouterrein aan. Met amper 1 500 voete by die eerste fees, beloof hierdie jaar se fees om nog groter te wees!\nToegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Enige besigheid kan stoele, gazebo’s en besigheids-baniere in die ‘Bosveld Besigheids park’ kom opslaan en die dag saam met hulle personeel of kliënte kom geniet. Sakekamerlede wat hul 2016 lidmaatskap fooie betaal het kry ‘n area vir hul gazebos en stoele gratis, terwyl ander nie-sakekamerlede besighede ‘n area teen R500 kan bekom.\nDaar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds se lekker oompha musiek. Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue bier te koop sal wees.\nDan is daar uitdagings vir die hele familie om aan deel te neem. So is daar die Thaba Boog en Hengel se 3-in-1 skerpskut uitdaging; Sterkman & Vrou uitdaging; Vyf-‘n-kant sokker; Koedoe horing lang-asem blaas; Chilli Chow; Hunger Games; Toutrek, en vele meer.\nAs jy vroeg wil begin, kom beleef die Kleinbokkie wildveiling wat om 11:00 deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word. Dan is daar ook die manne en vroue van Pretoria en hul plaaslike lede met hul ‘Vintage Car’-uitstalling. Oor die kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite soos die Suikerbekkies/Monkeynastics se Inflatable Park & Games sal hulle besig hou. ‘n Dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier.\nVir meer inligting skakel gerus enige van die onderstaande nommers of stuur e-pos aan thabazimbibc@gmail.com.\nNommers om te skakel is: Natalia – 079 686 0951; Tokkie – 083 676 2301; Jacques – 083 303 9230; Jason – 083 444 2546; Riana – 072 671 9710; Talita (Northam) – 079 065 3766; Rudolf – 082 802 3745; Nickey – 083 320 5368; Cobus – 083 387 3510; Danie- 082 333 8576; Jolizna- 0825529985; Geoffrey- 0828077809 of Yolande- 0832320320.", "Thabazimbi hou weer Oktoberfees" ]
[]
2016-09-16 13:48:29+00:00
null
2016-08-30 11:25:37
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F08%2F30%2F2016-xtreme-wildlife-group-veiling%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/08/Veiling-Oos-Afrika-dragtige-buffelkoei-bulkalf-verkoop-vir-R-600-000.jpg
en
null
2016 Xtreme Wildlife Group veiling
null
null
www.kwevoel.co.za
Die Top telers van Noordwes, Xtreme Wildlife Group, het hul jaarlikse veiling op 20 Augustus 2016 by die Bona Bona Wildkompleks aangebied. Die veiling was ‘n groot sukses en van die beste genetika uit die telers se kuddes was op aanbod. Hieronder was ’n uitgesoekte nie-dragtige Swartwitpensvers van Bona Bona met 50,5 duim horings wat vir R 400 000 verkoop is. 5 blouwildebeeskoeie, ook van Bona Bona, dragtig van Victor (34,75 duim) waarskynlik die grootste blouwildebees teelbul in Suid-Afrika is verkoop vir R 32 500. ‘n Matetesi swartwitpensbul van Knapdaar van Barry Badenhorst is verkoop vir R900 000 en ’n Oos Afrika dragtige buffelkoei (32 ⅝ duim) met haar bulkalf is vir R 600 000 verkoop. Van die geneties gemanupileerde diere was daar ’n geel blesbokram wat vir R60 000 verkoop is, ’n jong Goue gemsbokram is verkoop teen R100 000 en ’n Goue gemsbokvers wat teen R120 000 opgeveil is. ’n Koper springbokgroep van sewe volwasse diere en een klein is gemiddeld teen R8 643 verkoop terwyl drie swart ramme teen R3 000 elk en drie wit ramme teen R8 500 elk verkoop is. Verskeie goue wildebeeste is ook opgeveil. Hier is twee jong bulle teen onderskeidelik R70 000 en R65 000 verkoop, twee dragtige koeie het R100 000 elk gehaal, ’n Konings jong bul is verkoop vir R350 000 en twee verse vir R160 000 elk. Twee dragtige verse is vir R180 000 elk verkoop. Agt Konings split dragtige verse is teen R45 000 elk opgeveil. ’n Springbok Konings jong ram het R30 000 gehaal. ’n Swart rooibokram is vir R40 000 verkoop terwyl vier dragtige swart rooibokooie R30 000 gehaal het. ’n Rooibok swart split familiegroep bestaande uit 12 diere is teen ’n gemiddelde prys van R7 500 verkoop. Twee witrenosters is teen R190 000 elk verkoop en ’n kameelperd familiegroep van vier is teen R16 500 gemiddeld verkoop. ’n Njalabul is teen R90 000 verkoop. Sover dit Matesti Swartwitpense aan betref was die hoogste bod op ’n bul R 900 000 en op dragtige koei R210 000, ’n dragtige vers is vir R300 000 verkoop. ’n Zambies-kruis bul is vir R240 000 verkoop, koei met kalf vir R280 000 en ’n Zabies-vers vir R400 000. ’n Rooibokram het R19 000 behaal en ’n dragtige ooi R9 000. ’n Totaal van 314 groot en 11 klein diere is opgeveil en die totale omset van die veiling was R16 827 400. Die veiling is deur ongeveer 600 mense bygewoon en almal was beïndruk met die telers se gesindheid om ‘n geen reserwe veiling te hou. Dit het daartoe gelei dat die diere teen die huidige markwaarde verkoop is en daardeur is die huidige markpryse bepaal. Al die telers was tevrede met die uitkoms van die veiling en Vleissentraal sien uit daarna om almal weer in 2017 daar te sien. Xtreme Wildlife Group se volgende veiling is 19 Augustus 2017. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld en die afslaers was Allan Sinclair en Niel Swart.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/2016-xtreme-wildlife-group-veiling/
af
2016-08-30
www.kwevoel.co.za/e9b913626e9215b0c1f0974c5b220ccaea2bd5c8f8998a40680ede1312b2c9cf.json
[ "Die Top telers van Noordwes, Xtreme Wildlife Group, het hul jaarlikse veiling op 20 Augustus 2016 by die Bona Bona Wildkompleks aangebied. Die veiling was ‘n groot sukses en van die beste genetika uit die telers se kuddes was op aanbod. Hieronder was ’n uitgesoekte nie-dragtige Swartwitpensvers van Bona Bona met 50,5 duim horings wat vir R 400 000 verkoop is.\n5 blouwildebeeskoeie, ook van Bona Bona, dragtig van Victor (34,75 duim) waarskynlik die grootste blouwildebees teelbul in Suid-Afrika is verkoop vir R 32 500.\n‘n Matetesi swartwitpensbul van Knapdaar van Barry Badenhorst is verkoop vir R900 000 en ’n Oos Afrika dragtige buffelkoei (32 ⅝ duim) met haar bulkalf is vir R 600 000 verkoop.\nVan die geneties gemanupileerde diere was daar ’n geel blesbokram wat vir R60 000 verkoop is, ’n jong Goue gemsbokram is verkoop teen R100 000 en ’n Goue gemsbokvers wat teen R120 000 opgeveil is. ’n Koper springbokgroep van sewe volwasse diere en een klein is gemiddeld teen R8 643 verkoop terwyl drie swart ramme teen R3 000 elk en drie wit ramme teen R8 500 elk verkoop is.\nVerskeie goue wildebeeste is ook opgeveil. Hier is twee jong bulle teen onderskeidelik R70 000 en R65 000 verkoop, twee dragtige koeie het R100 000 elk gehaal, ’n Konings jong bul is verkoop vir R350 000 en twee verse vir R160 000 elk. Twee dragtige verse is vir R180 000 elk verkoop. Agt Konings split dragtige verse is teen R45 000 elk opgeveil.\n’n Springbok Konings jong ram het R30 000 gehaal. ’n Swart rooibokram is vir R40 000 verkoop terwyl vier dragtige swart rooibokooie R30 000 gehaal het. ’n Rooibok swart split familiegroep bestaande uit 12 diere is teen ’n gemiddelde prys van R7 500 verkoop.\nTwee witrenosters is teen R190 000 elk verkoop en ’n kameelperd familiegroep van vier is teen R16 500 gemiddeld verkoop. ’n Njalabul is teen R90 000 verkoop.\nSover dit Matesti Swartwitpense aan betref was die hoogste bod op ’n bul R 900 000 en op dragtige koei R210 000, ’n dragtige vers is vir R300 000 verkoop. ’n Zambies-kruis bul is vir R240 000 verkoop, koei met kalf vir R280 000 en ’n Zabies-vers vir R400 000.\n’n Rooibokram het R19 000 behaal en ’n dragtige ooi R9 000.\n’n Totaal van 314 groot en 11 klein diere is opgeveil en die totale omset van die veiling was R16 827 400.\nDie veiling is deur ongeveer 600 mense bygewoon en almal was beïndruk met die telers se gesindheid om ‘n geen reserwe veiling te hou. Dit het daartoe gelei dat die diere teen die huidige markwaarde verkoop is en daardeur is die huidige markpryse bepaal.\nAl die telers was tevrede met die uitkoms van die veiling en Vleissentraal sien uit daarna om almal weer in 2017 daar te sien. Xtreme Wildlife Group se volgende veiling is 19 Augustus 2017.\nDie veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld en die afslaers was Allan Sinclair en Niel Swart.", "2016 Xtreme Wildlife Group veiling" ]
[]
2016-09-26 21:26:10+00:00
null
2016-09-06 10:43:36
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F06%2Fmunisipale-senior-amptenare-se-poste-die-gedrang%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/08/DA-Jacques-Smalle.jpg
en
null
Munisipale senior amptenare se poste in die gedrang
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Gedurende ‘n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit gehou op 1 September 2016, is ‘n resolusie aanvaar om die dienste van twee senior amptenare, verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit, te beëindig in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA – Municipal Finance Management Act) en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA – Public Finance Management Act), en dat hulle tussen sewe tot veertien dae tyd het om die raad te oortuig waarom hulle hul posisies moet behou. Die DA het te kenne gegee dat hulle baie bekommerd is oor die nege uitstaande lasbriewe ten bedrae van R14 817 847 wat enige oomblik op die Thabazimbi Munisipaliteit gedien kan word. Volgens Jacques Smalle, DA provinsiale leier in Limpopo, het die balju reeds twee lasbriewe vir beslaglegging ten bedrae van R5 543 806 op die munisipaliteit gedien waartydens beslag gelê is op alle losgoed, insluitend kantoormeubels en rekenaars wat op 25 Augustus 2016 reeds uit die Munisipale gebou verwyder is, die dag wat die nuutverkose raad met sy werksaamhede moes begin. Dit het die totale administrasie van die Thabazimbi Munisipaliteit lam gelê. Die meeste van die lasbriewe is die gevolg van verskeie hofuitsprake wat teen die munisipaliteit verkry is op grond van wanbetaling van krediteure gedurende 2015 en 2016. Smalle sê dat dit duidelik is dat die administrateur wat deur die LUR (Lid van die Uitvoerende Raad) aangestel is, nie alleen onbevoeg was om die finansiële ommekeer in die raad te bewerkstellig nie maar dat die situasie onder sy toesig heelwat vererger het. Geen poging is aangewend om met die diensverskaffers en krediteure in gesprek te tree om ‘n werkbare oplossing te beding om die munisipaliteit se skuldlas van meer as R250 miljoen aan te spreek nie. Die skade aangerig deur rente en regsuitgawes kon drasties deur die administrateur en munisipale beamptes beperk word indien hulle proaktief en verantwoordelik beloftes vir betaling van hierdie skuldlas nagekom het. Die DA en sy koalisie vennote in die Thabazimbi munisipaliteit is tans in gesprek met krediteure om ‘n werkbare oplossing te kry om die munisipaliteit se skuld te betaal. Uit die finansiële verslae wat tot dus ver saamgestel kon word, is dit duidelik dat Munisipale Infrastruktuur Toelaag (MIG – Municipal Infrastructure Grants), aangewend is om salarisse, inplaas van diensverskaffers en krediteure, vir wie die geld bedoel was, te betaal. ‘n Aksie wat hoogs irrasioneel is en ‘n besliste invloed op dienslewering gehad het. Smalle sê dat dit ook onaanvaarbaar is dat die munisipaliteit se finansiële state nie op ‘n gereelde grondslag voorgelê is nie. Blykbaar het die LUR vir die Departement van Koöperatiewe Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA – The Department of Cooperative Government, Human Settlements and Traditional Affairs) en ook die LUR van die Tesourie, versuim om die betrokke amptenare aan te spreek om die voorleggings meer gereeld te doen nie. Die DA en sy koalisie regering in Thabazimbi moet nou bevoegde seksie 56 & 57 bestuurders aanstel wat in staat sal wees om die finansies van die munisipaliteit, gebaseer op ‘n skoon en werkbare administrasie, te stabiliseer en om alle uitvoerende beamptes wat hiervoor verantwoordelik was voor stok te kry vir die vrugtelose, vermorste, ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes asook die korrupte aktiwiteite wat die munisipaliteit afbrekend geaffekteer het. Smalle sluit die mediavrystelling af deur te noem dat die DA se visie vir Suid-Afrika ‘n regering is wat altyd eerlik, deursigtig en in belang van die inwoners optree deur hul krediteure betyds te betaal en om hul inkomste vir die lewering van kwaliteit dienste op ‘n gereelde grondslag in te samel.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/06/munisipale-senior-amptenare-se-poste-die-gedrang/
af
2016-09-06
www.kwevoel.co.za/77a7f41048216fb655e5bbc500bdd16c940d1890034ceab067afa41956c57c44.json
[ "THABAZIMBI – Gedurende ‘n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit gehou op 1 September 2016, is ‘n resolusie aanvaar om die dienste van twee senior amptenare, verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit, te beëindig in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA – Municipal Finance Management Act) en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA – Public Finance Management Act), en dat hulle tussen sewe tot veertien dae tyd het om die raad te oortuig waarom hulle hul posisies moet behou.\nDie DA het te kenne gegee dat hulle baie bekommerd is oor die nege uitstaande lasbriewe ten bedrae van\nR14 817 847 wat enige oomblik op die Thabazimbi Munisipaliteit gedien kan word.\nVolgens Jacques Smalle, DA provinsiale leier in Limpopo, het die balju reeds twee lasbriewe vir beslaglegging ten bedrae van R5 543 806 op die munisipaliteit gedien waartydens beslag gelê is op alle losgoed, insluitend kantoormeubels en rekenaars wat op 25 Augustus 2016 reeds uit die Munisipale gebou verwyder is, die dag wat die nuutverkose raad met sy werksaamhede moes begin. Dit het die totale administrasie van die Thabazimbi Munisipaliteit lam gelê.\nDie meeste van die lasbriewe is die gevolg van verskeie hofuitsprake wat teen die munisipaliteit verkry is op grond van wanbetaling van krediteure gedurende 2015 en 2016.\nSmalle sê dat dit duidelik is dat die administrateur wat deur die LUR (Lid van die Uitvoerende Raad) aangestel is, nie alleen onbevoeg was om die finansiële ommekeer in die raad te bewerkstellig nie maar dat die situasie onder sy toesig heelwat vererger het. Geen poging is aangewend om met die diensverskaffers en krediteure in gesprek te tree om ‘n werkbare oplossing te beding om die munisipaliteit se skuldlas van meer as R250 miljoen aan te spreek nie.\nDie skade aangerig deur rente en regsuitgawes kon drasties deur die administrateur en munisipale beamptes beperk word indien hulle proaktief en verantwoordelik beloftes vir betaling van hierdie skuldlas nagekom het.\nDie DA en sy koalisie vennote in die Thabazimbi munisipaliteit is tans in gesprek met krediteure om ‘n werkbare oplossing te kry om die munisipaliteit se skuld te betaal. Uit die finansiële verslae wat tot dus ver saamgestel kon word, is dit duidelik dat Munisipale Infrastruktuur Toelaag (MIG – Municipal Infrastructure Grants), aangewend is om salarisse, inplaas van diensverskaffers en krediteure, vir wie die geld bedoel was, te betaal. ‘n Aksie wat hoogs irrasioneel is en ‘n besliste invloed op dienslewering gehad het.\nSmalle sê dat dit ook onaanvaarbaar is dat die munisipaliteit se finansiële state nie op ‘n gereelde grondslag voorgelê is nie. Blykbaar het die LUR vir die Departement van Koöperatiewe Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA – The Department of Cooperative Government, Human Settlements and Traditional Affairs) en ook die LUR van die Tesourie, versuim om die betrokke amptenare aan te spreek om die voorleggings meer gereeld te doen nie.\nDie DA en sy koalisie regering in Thabazimbi moet nou bevoegde seksie 56 & 57 bestuurders aanstel wat in staat sal wees om die finansies van die munisipaliteit, gebaseer op ‘n skoon en werkbare administrasie, te stabiliseer en om alle uitvoerende beamptes wat hiervoor verantwoordelik was voor stok te kry vir die vrugtelose, vermorste, ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes asook die korrupte aktiwiteite wat die munisipaliteit afbrekend geaffekteer het.\nSmalle sluit die mediavrystelling af deur te noem dat die DA se visie vir Suid-Afrika ‘n regering is wat altyd eerlik, deursigtig en in belang van die inwoners optree deur hul krediteure betyds te betaal en om hul inkomste vir die lewering van kwaliteit dienste op ‘n gereelde grondslag in te samel.", "Munisipale senior amptenare se poste in die gedrang" ]
[]
2016-09-21 21:53:46+00:00
null
2016-09-21 22:41:45
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F21%2Fgroot-makietie-tydens-boeremusiek-fees%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Leeupoort-1.jpg
en
null
Groot makietie tydens Boeremusiek Fees
null
null
www.kwevoel.co.za
LEEUPOORT – Die negende Leeupoort Boeremusiek Fees het Vrydag 9 September afgeskop met die eerste orkeste wat die reeds die Vrydagaand vanaf 19:00 begin optree het. Deelnemers het vanaf so ver as Pietersburg tot Mosselbaai opgedaag om aan die fees deel te neem. Die nege-jarige Kosie Beukes (foto bo), met sy eie orkes, het groot belangstelling ontlok en vir groot musiek-vermaak gesorg. Kosie kan altesaam 13 musiekinstrumente speel en was beslis een van die jong sterre van die Fees. Buiten die meer as twintig senior orkeste het vier junior orkeste ook opgetree. Die organiseerders het genoem dat die belangstelling van jongmense baie bemoedigend is vir die voortbestaan van boereorkeste. Leeupoort huisves ook die Boeremusiek-monument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is. Tydens die fees is ses Ikone van 70 jaar en ouer vereer vir hul bydrae tot Tradisionele-musiek. Saterdag oggend om 08:00 het die eerste orkeste begin optree en tradisionele-musiek was op die spyskaart tot middernag Saterdagaand. Daar is seker niks wat die voete laat jeuk vir dans soos boeremusiek nie en kort-kort het paartjies ‘n draai op die dansvloer gemaak. ‘n Uitvoering van tradisionele Afrikaanse Volkspele deur Die Leeupoort Volkspele Laer is ook gelewer. Heelwat stalletjies het vir lekker eetgoed gesorg terwyl veral die jongspan, in die swembad gespeel en baljaar het. Pieter Bodenstein, voorsitter van die Boeremusiekgilde Leeupoort-tak, wat die Fees aangebied het, het na afloop van die Fees sy tevredenheid uitgespreek. Merk maar solank die kalender, want volgende jaar doen hulle dit weer.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/groot-makietie-tydens-boeremusiek-fees/
af
2016-09-21
www.kwevoel.co.za/75d7fabd3002672baf3aee6e5255630c3c5041bbca25cf326c3d4443865cab54.json
[ "LEEUPOORT – Die negende Leeupoort Boeremusiek Fees het Vrydag 9 September afgeskop met die eerste orkeste wat die reeds die Vrydagaand vanaf 19:00 begin optree het. Deelnemers het vanaf so ver as Pietersburg tot Mosselbaai opgedaag om aan die fees deel te neem.\nDie nege-jarige Kosie Beukes (foto bo), met sy eie orkes, het groot belangstelling ontlok en vir groot musiek-vermaak gesorg. Kosie kan altesaam 13 musiekinstrumente speel en was beslis een van die jong sterre van die Fees.\nBuiten die meer as twintig senior orkeste het vier junior orkeste ook opgetree. Die organiseerders het genoem dat die belangstelling van jongmense baie bemoedigend is vir die voortbestaan van boereorkeste.\nLeeupoort huisves ook die Boeremusiek-monument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is. Tydens die fees is ses Ikone van 70 jaar en ouer vereer vir hul bydrae tot Tradisionele-musiek.\nSaterdag oggend om 08:00 het die eerste orkeste begin optree en tradisionele-musiek was op die spyskaart tot middernag Saterdagaand.\nDaar is seker niks wat die voete laat jeuk vir dans soos boeremusiek nie en kort-kort het paartjies ‘n draai op die dansvloer gemaak. ‘n Uitvoering van tradisionele Afrikaanse Volkspele deur Die Leeupoort Volkspele Laer is ook gelewer.\nHeelwat stalletjies het vir lekker eetgoed gesorg terwyl veral die jongspan, in die swembad gespeel en baljaar het.\nPieter Bodenstein, voorsitter van die Boeremusiekgilde Leeupoort-tak, wat die Fees aangebied het, het na afloop van die Fees sy tevredenheid uitgespreek. Merk maar solank die kalender, want volgende jaar doen hulle dit weer.", "Groot makietie tydens Boeremusiek Fees" ]
[]
2016-09-26 21:28:04+00:00
null
2016-09-12 18:10:16
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F12%2Fboomplantmaand-wat-n-vars-briesie%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/06/Afriforum.jpg
en
null
Boomplantmaand: Wat ’n vars briesie
null
null
www.kwevoel.co.za
AfriForum gaan Septembermaand weer aan die plant van bome landswyd toewy. Volgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief deel van ’n poging om die toekoms vir toekomstige generasies te verseker. “Mense regoor Suid-Afrika vier boomplantweek gewoonlik gedurende die eerste week van September, maar AfriForum wil egter die hele Septembermaand aan bome toewy.” Die organisasie het weereens vanjaar ’n plan met betrekking tot boomplantmaand uitgerol wat regoor die land uitgereik is. “130 AfriForum-takke landswyd gaan meer as 1 000 bome deur die loop van die maand plant. Die takke gaan verskeie besighede, gemeenskappe en skole besoek om oor die belangrikheid van bome te praat, terwyl uitheemse uitwissingsprojekte ook van stapel gestuur gaan word. Ons gaan poog om meer as 500 bome net in Gauteng alleen te plant,” het Pawson bygevoeg. ’n Studie in New York het bewys dat die toevoeging van ’n addisionele 343 bome/km² die tempo van asma met tot soveel as 24%–29% verlaag by kinders tussen die ouderdomme van 4 en 5. “Bome is erfenis, hulle is ’n belangrike deel van die ekosisteem en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Hulle verskaf ons met suurstof, skaduwee en voedsel.” “Hierdie is ʼn nuwe seisoen vir Suid-Afrika. Net soos wat inheemse bome ʼn belangrike rol speel ten opsigte van die land se welstand, simboliseer dit ook die land se mense. Ten einde Suid-Afrika te maak werk, moet ons almal ons deel doen. Alle bome werk saam en dít maak dat die ekosisteem werk. Ons sal hier woon en hierdie land aanhou opbou, sodat almal kan floreer.” Daar word vanjaar op drie bome gefokus: Ficus thonningii, die gewone wildevy (Common wild fig) Maerua angolensis, Knoppiesboontjieboom (Bead-bean tree) Maerua cafra, Gewone witbos (Common bush-cherry) Dit is nie nodig om hierdie spesifieke bome te plant nie; jy kan vry voel om enige boom wat inheems tot jou gebied is, te plant. AfriForum moedig lede, skole, kerke en die gemeenskap as ’n geheel aan om ’n informatiewe dokument met betrekking tot boomplantmaand, kostevry van sy webtuiste af te laai (www.afriforum.co.za). “AfriForum moedig gemeenskappe landswyd aan om aan Boomplantmaand deel te neem, om die program te versprei en ’n verandering aan die toekoms aan te bring,” het Pawson afgesluit. Om by AfriForum aan te sluit, SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1).
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/boomplantmaand-wat-n-vars-briesie/
af
2016-09-12
www.kwevoel.co.za/36f21873c2820417b963c2d87f411a011caeb5fb1f86ddab4faaee3ee4491bff.json
[ "AfriForum gaan Septembermaand weer aan die plant van bome landswyd toewy.\nVolgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief deel van ’n poging om die toekoms vir toekomstige generasies te verseker. “Mense regoor Suid-Afrika vier boomplantweek gewoonlik gedurende die eerste week van September, maar AfriForum wil egter die hele Septembermaand aan bome toewy.”\nDie organisasie het weereens vanjaar ’n plan met betrekking tot boomplantmaand uitgerol wat regoor die land uitgereik is. “130 AfriForum-takke landswyd gaan meer as 1 000 bome deur die loop van die maand plant. Die takke gaan verskeie besighede, gemeenskappe en skole besoek om oor die belangrikheid van bome te praat, terwyl uitheemse uitwissingsprojekte ook van stapel gestuur gaan word. Ons gaan poog om meer as 500 bome net in Gauteng alleen te plant,” het Pawson bygevoeg.\n’n Studie in New York het bewys dat die toevoeging van ’n addisionele 343 bome/km² die tempo van asma met tot soveel as 24%–29% verlaag by kinders tussen die ouderdomme van 4 en 5. “Bome is erfenis, hulle is ’n belangrike deel van die ekosisteem en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Hulle verskaf ons met suurstof, skaduwee en voedsel.”\n“Hierdie is ʼn nuwe seisoen vir Suid-Afrika. Net soos wat inheemse bome ʼn belangrike rol speel ten opsigte van die land se welstand, simboliseer dit ook die land se mense. Ten einde Suid-Afrika te maak werk, moet ons almal ons deel doen. Alle bome werk saam en dít maak dat die ekosisteem werk. Ons sal hier woon en hierdie land aanhou opbou, sodat almal kan floreer.”\nDaar word vanjaar op drie bome gefokus:\nFicus thonningii, die gewone wildevy (Common wild fig)\nMaerua angolensis, Knoppiesboontjieboom (Bead-bean tree)\nMaerua cafra, Gewone witbos (Common bush-cherry)\nDit is nie nodig om hierdie spesifieke bome te plant nie; jy kan vry voel om enige boom wat inheems tot jou gebied is, te plant. AfriForum moedig lede, skole, kerke en die gemeenskap as ’n geheel aan om ’n informatiewe dokument met betrekking tot boomplantmaand, kostevry van sy webtuiste af te laai (www.afriforum.co.za).\n“AfriForum moedig gemeenskappe landswyd aan om aan Boomplantmaand deel te neem, om die program te versprei en ’n verandering aan die toekoms aan te bring,” het Pawson afgesluit.\nOm by AfriForum aan te sluit, SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1).", "Boomplantmaand: Wat ’n vars briesie" ]
[]
2016-09-16 13:41:55+00:00
null
2016-08-30 11:19:43
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F08%2F30%2Frooihartbeesbul-slaan-rekord-hanley-wildlife-veiling%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Kwevoel-Logo.jpg
en
null
Rooihartbeesbul slaan rekord by Hanley Wildlife Veiling
null
null
www.kwevoel.co.za
Tydens die veiling wat op 19 Augustus op Alldays aangebied is, is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys behaal vir ‘n Rooihartbeesbul wat verkoop is vir die rekordbedrag van R300 000. Die bul, met ‘n horinglengte van 27,5 duim was een van drie rooihartbeesbulle wat tydens die veiling verkoop is. Daar is ook ‘n goeie prys betaal van R20 000 vir ‘n rooihartbeeskoei met ‘n horinglengte van 20,5 duim. Ander wild wat goeie pryse behaal het was onder meer ‘n bosbokram wat vir R16 500, ‘n elandbul vir R27 000, ‘n kameelperd vir R15 000 en ‘n waterbokbul vir R19 000 verkoop is. Die gemiddelde pryse vir ander diere wat opgeveil is was gemsbokbul wat vir R8 500 en familiegroep van sewe wat R54 250 gehaal het, rooibokram vir hoogste van R2 600 (hoogste) en gemiddeld R1 540, rooibok ooie wat vir R1 176, sebra familiegroep vir R4 480 en blou wildebees familiegroep wat vir R3 513 elk gegaan het. Die totale omset vir die 271 volwasse en drie klein stuks wat opgeveil is was R1 376 850. Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en die afslaer was Craig le Roux.
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/rooihartbeesbul-slaan-rekord-hanley-wildlife-veiling/
af
2016-08-30
www.kwevoel.co.za/b654828d8b4ef9c2f4e47cb5330ef7fa88f14959d8822f5265337cf06c2e31ed.json
[ "Tydens die veiling wat op 19 Augustus op Alldays aangebied is, is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys behaal vir ‘n Rooihartbeesbul wat verkoop is vir die rekordbedrag van R300 000. Die bul, met ‘n horinglengte van 27,5 duim was een van drie rooihartbeesbulle wat tydens die veiling verkoop is. Daar is ook ‘n goeie prys betaal van R20 000 vir ‘n rooihartbeeskoei met ‘n horinglengte van 20,5 duim.\nAnder wild wat goeie pryse behaal het was onder meer ‘n bosbokram wat vir R16 500, ‘n elandbul vir R27 000, ‘n kameelperd vir R15 000 en ‘n waterbokbul vir R19 000 verkoop is.\nDie gemiddelde pryse vir ander diere wat opgeveil is was gemsbokbul wat vir R8 500 en familiegroep van sewe wat R54 250 gehaal het, rooibokram vir hoogste van R2 600 (hoogste) en gemiddeld R1 540, rooibok ooie wat vir R1 176, sebra familiegroep vir R4 480 en blou wildebees familiegroep wat vir R3 513 elk gegaan het.\nDie totale omset vir die 271 volwasse en drie klein stuks wat opgeveil is was R1 376 850.\nDie veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en die afslaer was Craig le Roux.", "Rooihartbeesbul slaan rekord by Hanley Wildlife Veiling" ]
[]
2016-09-16 13:51:24+00:00
null
2016-09-12 16:43:50
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F12%2Fbesige-krieket-naweek-vir-hfm%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Kwevoel-Logo.jpg
en
null
Besige krieket-naweek vir HFM
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Beide die eerste-krieketspan sowel as die skool se o/15 krieketspan het ’n besige krieketnaweek agter die rug. Die Eerstespan speel tuis op Amandelbult se veld. HFM wen die loot en boul eerste. Merensky teken 179 /10 in 35.1 beurte aan. Boulers van HFM wat uitstaan is Jason Minnie met 3/15 en Nimroe Lategan met 3/47. HFM se kolwers sukkel en die laaste paaltjie val 21 lopies kort van die teiken. Nimroe Lategan teken 53 lopies aan en Dewan Deysel eindig met ‘n uitstekende 69. HFM verloor dus met 21 lopies. Die o/15-span het met puik spel voor die dag gekom toe hulle Vrydag 9 September teen Ben Vorster te Tzaneen te staan gekom het. HFM wen teen Ben Vorster die loot en kies om eerste te kolf. HFM teken 159 lopies aan in die 35 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Ben Vorster gaan kolf en HFM haal almal uit vir 115 lopies. Frikkie Meyer wen dus die wedstryd baie gemaklik. Gustav Grobler doen baie goeie werk as openingskolwer waar hy sy paaltjie baie goed beskerm en hy teken 38 lopies aan. PJ Bezuidenhout teken 45 lopies aan. Diehann Pretorius staan 23 lopies af in sy 6.3 boulbeurte en neem 3 paaltjies. JP Nortier neem 3 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte. Op Saterdag 10 September speel HFM se o/15’s teen Merensky. HFM wen die loot en kies om eerste te kolf. Hulle teken 104 lopies aan, almal uit. Merensky gaan die telling verby en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Devoux Deysel het die beste vertoning vir HFM gelewer en teken 41 lopies aan. Die laaste rondte van die Super liga is Saterdag eerskomend teen PHS. Die o/15’s speel tuis op Amandelbult en die Eerstes reis na Pietersburg.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/besige-krieket-naweek-vir-hfm/
af
2016-09-12
www.kwevoel.co.za/e7a5bb80124645d2217e00f4e3c6f47f49e2e31c33966940ada5c74f20fd9f89.json
[ "THABAZIMBI – Beide die eerste-krieketspan sowel as die skool se o/15 krieketspan het ’n besige krieketnaweek agter die rug.\nDie Eerstespan speel tuis op Amandelbult se veld. HFM wen die loot en boul eerste. Merensky teken 179 /10 in 35.1 beurte aan. Boulers van HFM wat uitstaan is Jason Minnie met 3/15 en Nimroe Lategan met 3/47.\nHFM se kolwers sukkel en die laaste paaltjie val 21 lopies kort van die teiken. Nimroe Lategan teken 53 lopies aan en Dewan Deysel eindig met ‘n uitstekende 69. HFM verloor dus met 21 lopies.\nDie o/15-span het met puik spel voor die dag gekom toe hulle Vrydag 9 September teen Ben Vorster te Tzaneen te staan gekom het. HFM wen teen Ben Vorster die loot en kies om eerste te kolf. HFM teken 159 lopies aan in die 35 beurte met die verlies van 6 paaltjies.\nBen Vorster gaan kolf en HFM haal almal uit vir 115 lopies. Frikkie Meyer wen dus die wedstryd baie gemaklik. Gustav Grobler doen baie goeie werk as openingskolwer waar hy sy paaltjie baie goed beskerm en hy teken 38 lopies aan. PJ Bezuidenhout teken 45 lopies aan. Diehann Pretorius staan 23 lopies af in sy 6.3 boulbeurte en neem 3 paaltjies. JP Nortier neem 3 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte.\nOp Saterdag 10 September speel HFM se o/15’s teen Merensky. HFM wen die loot en kies om eerste te kolf. Hulle teken 104 lopies aan, almal uit. Merensky gaan die telling verby en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Devoux Deysel het die beste vertoning vir HFM gelewer en teken 41 lopies aan.\nDie laaste rondte van die Super liga is Saterdag eerskomend teen PHS. Die o/15’s speel tuis op Amandelbult en die Eerstes reis na Pietersburg.", "Besige krieket-naweek vir HFM" ]
[]
2016-09-16 13:43:02+00:00
null
2016-08-31 21:53:29
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F08%2F31%2Feintlik-nogal-baie-se-amptelike-lokprent-bekendgestel%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/08/Eintlik-nog-al-baie.jpg
en
null
Eintlik Nogal Baie se amptelike lokprent bekendgestel
null
null
www.kwevoel.co.za
Die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie, word landswyd uitgereik in teaters op 4 November 2016. Eintlik Nogal Baie is gebaseer op die draaiboek, naamlik Ally, geskep deur Jarrod de Jong (The Blanket, Die Laaste Ure, Babalas). Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat se lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. In De Jong se eie woorde bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer. Dit het hy reggekry met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie. “Jong kykers kan definitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” het hy bygevoeg. Die rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein de Vries en ander in. Die fliek is geskryf deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment) en vervaardig deur Jarrod de Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). De Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar Eintlik Nogal Baie op 11 Oktober 2016 vertoon sal word. In November 2016, sal Eintlik Nogal Baie ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Die laasgenoemde fees bied aan filmmakers ‘n platform en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark. Die temalied van die fliek, Eintlik Nogal Baie, is vroeg in Augustus 2016 vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landswyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur die 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê de Jong. 1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met MadRobot, The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei. Die film is reeds op 24 Augustus 2016 by die kykNET Silwerskermfees vertoon. Vir die wat nie kan wag om te sien waaroor hierdie fliek handel nie kan die lokprent gaan kyk by https://www.youtube.com/watch?v=XdDRgk3jWuI&feature=youtu.be
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/31/eintlik-nogal-baie-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/
af
2016-08-31
www.kwevoel.co.za/4622df9c729ba5456bb47f04f127b5e5d56d96c942d6e5e1c0e93fead89f752a.json
[ "Die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie, word landswyd uitgereik in teaters op 4 November 2016. Eintlik Nogal Baie is gebaseer op die draaiboek, naamlik Ally, geskep deur Jarrod de Jong (The Blanket, Die Laaste Ure, Babalas).\nDie storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat se lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse.\nIn De Jong se eie woorde bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer. Dit het hy reggekry met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie. “Jong kykers kan definitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” het hy bygevoeg.\nDie rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein de Vries en ander in.\nDie fliek is geskryf deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment) en vervaardig deur Jarrod de Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure).\nDe Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar Eintlik Nogal Baie op 11 Oktober 2016 vertoon sal word. In November 2016, sal Eintlik Nogal Baie ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Die laasgenoemde fees bied aan filmmakers ‘n platform en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark.\nDie temalied van die fliek, Eintlik Nogal Baie, is vroeg in Augustus 2016 vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landswyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur die 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê de Jong.\n1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister.\nEintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met MadRobot, The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei. Die film is reeds op 24 Augustus 2016 by die kykNET Silwerskermfees vertoon.\nVir die wat nie kan wag om te sien waaroor hierdie fliek handel nie kan die lokprent gaan kyk by https://www.youtube.com/watch?v=XdDRgk3jWuI&feature=youtu.be", "Eintlik Nogal Baie se amptelike lokprent bekendgestel" ]
[]
2016-09-26 21:33:59+00:00
null
2016-09-15 07:39:27
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F15%2Fgetoe-thaba-inwoner-sterf-skielik%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Gerrie-oorlede-1.jpg
en
null
Getoë Thaba inwoner sterf skielik
null
null
www.kwevoel.co.za
Gerrie de Wet (60), ’n getoë Thabazimbiër, het Sondagoggend 11 September aan ’n hartaanval beswyk. Gerrie is op Thabazimbi gebore en het hier grootgeword, skoolgegaan, gewerk en was hoof opmeter by Kumba totdat daar besluit is om die mynbedrywighede by Kumba Thabazimbi ysterertsmyn te staak. Gerrie was baie gewild en geliefd onder sy medewerkers en vriende en sal altyd onthou word vir sy lojaliteit, sin vir humor en vriendelikheid. Die begrafnisdiens is Vrydagoggend 16 September om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort Thabazimbi.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/15/getoe-thaba-inwoner-sterf-skielik/
af
2016-09-15
www.kwevoel.co.za/3a8fd1a591e3383e9a0386a1dc27248b27b1112bc911e4831010097642a77cda.json
[ "Gerrie de Wet (60), ’n getoë Thabazimbiër, het Sondagoggend 11 September aan ’n hartaanval beswyk.\nGerrie is op Thabazimbi gebore en het hier grootgeword, skoolgegaan, gewerk en was hoof opmeter by Kumba totdat daar besluit is om die mynbedrywighede by Kumba Thabazimbi ysterertsmyn te staak.\nGerrie was baie gewild en geliefd onder sy medewerkers en vriende en sal altyd onthou word vir sy lojaliteit, sin vir humor en vriendelikheid.\nDie begrafnisdiens is Vrydagoggend 16 September om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort Thabazimbi.", "Getoë Thaba inwoner sterf skielik" ]
[]
2016-09-19 17:34:45+00:00
null
2016-09-19 17:37:30
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F19%2Fkumba-rehabilitasie-projek-aan-pensioenarisse-voorgele%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Iskor-pensioenarisse-Foto-10.jpg
en
null
Kumba rehabilitasie projek aan pensioenarisse voorgelê
null
null
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Die Thabazimbi oud-Stryders, bestaande uit talle oorlewende Iscor/Kumba werkers en pensioenarisse van Thabazimbi Ysterertsmyn, het Saterdag 10 September hulle jaarlikse funksie aangebied. Paul Fouché, huidige mynbestuurder, het tydens die geleentheid genoem dat Kumba besig is om as deel van die rehabilitasie van die myn, die ingang na die myn te restoreer en werk daarvan te maak dat sekere geboue en toerusting bewaar sal bly as hul deel om mynbou-toerisme, te bevorder. Die wet vereis dat as ‘n mynmaatskappy sluit, moet selfs die geboue afgebreek word indien dit dalk leeg sou staan. Hier is genoem dat Kumba in gesprek met Thabazimbi Munisipaliteit is om maniere te vind om die geboue ten beste aan te wend. Fouché het dit genoem dat van die oud-werkers en pensioenarisse wat afbetaal moes word toe die myn gesluit het, en dalk nog nie nuwe werk kon kry nie, hopelik by hierdie projekte betrek kan word om hul inkomste aan te vul. Behalwe dat die rehabilitasie oor twintig jaar sal strek sal hierdie proses in verskillende fases aangepak word. So sal die aanleg eers oor vyf jaar afgetakel word. Fouché het egter genoem dat Kumba steeds hoop dat die myn verkoop kan word voordat hierdie stadium bereik word. Die oud-Stryders sal weer volgende jaar, gedurende die tweede naweek in September, hul jaarlikse byeenkoms hou.
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/19/kumba-rehabilitasie-projek-aan-pensioenarisse-voorgele/
af
2016-09-19
www.kwevoel.co.za/4a14f7c4503cd5a44b0ef5258ee3f4d5b4542d1628a57474b8d017d13b09561a.json
[ "THABAZIMBI – Die Thabazimbi oud-Stryders, bestaande uit talle oorlewende Iscor/Kumba werkers en pensioenarisse van Thabazimbi Ysterertsmyn, het Saterdag 10 September hulle jaarlikse funksie aangebied.\nPaul Fouché, huidige mynbestuurder, het tydens die geleentheid genoem dat Kumba besig is om as deel van die rehabilitasie van die myn, die ingang na die myn te restoreer en werk daarvan te maak dat sekere geboue en toerusting bewaar sal bly as hul deel om mynbou-toerisme, te bevorder.\nDie wet vereis dat as ‘n mynmaatskappy sluit, moet selfs die geboue afgebreek word indien dit dalk leeg sou staan. Hier is genoem dat Kumba in gesprek met Thabazimbi Munisipaliteit is om maniere te vind om die geboue ten beste aan te wend. Fouché het dit genoem dat van die oud-werkers en pensioenarisse wat afbetaal moes word toe die myn gesluit het, en dalk nog nie nuwe werk kon kry nie, hopelik by hierdie projekte betrek kan word om hul inkomste aan te vul.\nBehalwe dat die rehabilitasie oor twintig jaar sal strek sal hierdie proses in verskillende fases aangepak word. So sal die aanleg eers oor vyf jaar afgetakel word. Fouché het egter genoem dat Kumba steeds hoop dat die myn verkoop kan word voordat hierdie stadium bereik word.\nDie oud-Stryders sal weer volgende jaar, gedurende die tweede naweek in September, hul jaarlikse byeenkoms hou.", "Kumba rehabilitasie projek aan pensioenarisse voorgelê" ]
[]
2016-09-26 21:29:27+00:00
null
2016-09-22 12:54:39
null
http%3A%2F%2Fwww.kwevoel.co.za%2F2016%2F09%2F22%2Fmatthys-roets-binnekort-kunstegrot%2F.json
http://www.kwevoel.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Matthys-Roets.jpg
en
null
Matthys Roets binnekort by KunsteGrot
null
null
www.kwevoel.co.za
Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger, Matthys Roets besoek Thabazimbi eersdaags. Matthys, ’n ou bekende aan die Thabazimbi publiek, tree op Saterdag 8 Oktober op by die KunsteGrot op Thabazimbi. Soos gewoonlik kan teatergangers staatmaak op ’n uitmuntende vertoning, nes Matthys kan. Bring gerus jou Engelssprekende vriende saam aangesien Matthys se repertoire heelwat Engelse liedjies insluit. Kaartjies is vooraf beskikbaar teen R130 per persoon by Rita Volschenk sel nr. 083 7448 559 of kontak haar op rivo@kunstegrot.co.za
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/22/matthys-roets-binnekort-kunstegrot/
af
2016-09-22
www.kwevoel.co.za/47a1e773f11b3ec2f999c8ca93db1f04c23f440469c18acc7d5eb372698582f5.json
[ "Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger, Matthys Roets besoek Thabazimbi eersdaags.\nMatthys, ’n ou bekende aan die Thabazimbi publiek, tree op Saterdag 8 Oktober op by die KunsteGrot op Thabazimbi. Soos gewoonlik kan teatergangers staatmaak op ’n uitmuntende vertoning, nes Matthys kan.\nBring gerus jou Engelssprekende vriende saam aangesien Matthys se repertoire heelwat Engelse liedjies insluit.\nKaartjies is vooraf beskikbaar teen R130 per persoon by Rita Volschenk sel nr. 083 7448 559 of kontak haar op rivo@kunstegrot.co.za", "Matthys Roets binnekort by KunsteGrot" ]
[]
2016-09-19 11:33:41+00:00
null
2016-09-19 12:46:56
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Flaekoolhidraatleefstyl-praktiese-wenke%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Groente-355x415.jpg
en
null
Laekoolhidraatleefstyl: Praktiese wenke
null
null
www.rooirose.co.za
Maak seker alles is in plek Sjefs weet alles van voorbereiding. Hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), en dit is die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê. Ons gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man werk albei voltyds, en as ons nie ’n bietjie mise en place vir die week doen nie, sukkel ons. Onthou, ons wil nie in die groef verval om oorverwerkte en ongesonde wegneemetes of klaargemaakte supermarkmaaltye te eet nie. Begin met ’n maaltydplan Beplan die week se etes en maak ’n inkopielys daarvolgens. Ek gebruik ook sommer die geleentheid om die yskas en koskas uit te sorteer en plek te maak vir die nuwe aankope. Kry ’n roetine wat vir jou werk Ons almal se lewens verskil en jy sal weet wanneer jy tyd vir bak en ekstra kosvoorbereiding kan inruim. Ek knyp ’n paar minute oor die naweek af om vir die week voor te berei. • Saterdag is ons bakdag: Ek bak minstens een hoeveelheid van die Laekoolhidraat-broodrolletjies vir die kinders se kosblikke, of ek maak korslose quiches. • Sondagoggend: Terwyl ek Sondagmiddagete maak, is dit ’n goeie tyd om nog voorbereiding vir die week te doen aangesien ek reeds in die kombuis doenig is. Ek maak ons veelsydige vleiskragsop. Dit prut die hele dag op sy eie sonder enige moeite. Om tyd te spaar in die week, rasper ek kaas en bêre dit. Soms sal ons oor die naweek ’n groot pot bolognaise of ’n klomp vleiskoekies vir die week maak. Maak jou vrieskas jou beste vriend Om maaltye te vries, help ons baie gedurende die week as ons ’n besige naweek het en nie tyd het om vooraf die voorbereiding te doen nie. Verdubbel dit Ek is ’n groot voorstaander van kook in grootmaat. Dit verg dieselfde moeite om 1 hoender in die oond te rooster as om 2 hoenders te rooster. Diselfde beginsel geld wanneer jy 2 kg Bolognaise eerder as 1 kg maak. Op hierdie manier het jy nie net gesonde vulsels vir kosblikke nie, maar jou aandete vir ’n besige weeksdag is ook uitgesorteer. Geriefskos en ons gejaagde lewenstyl het ons beroof van ons vermoë om vooruit te beplan en te kook. Ons het ons gewone kosmaakvaardighede verloor, tot so ’n mate dat dit “moeilik” geword het om selfs ’n eenvoudige maaltyd te maak. Dit is nie dat mense nie kan kos maak nie (hoewel baie basiese vaardighede vergete geraak het), dit is dat ons nie meer in die gewoonte is om kos te maak nie. Ek praat van op ’n daaglikse basis vir jou gesin kos te maak: ontbyt, middagete, aandete en selfs die peuselhappies tussenin. Om van nuuts af te begin en te weet wat in jou kos ingaan: dit is waaroor die laekoolhidraat-leefwyse gaan; om verfynde en verwekte kosse uit te sluit en weer regte kos te eet!
http://www.rooirose.co.za/laekoolhidraatleefstyl-praktiese-wenke/
af
2016-09-19
www.rooirose.co.za/c403200b20e0cec856bd3cbfb2d3621d799d17a869c7a833f306660baf8f9bcb.json
[ "Maak seker alles is in plek\nSjefs weet alles van voorbereiding. Hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), en dit is die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê.\nOns gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man werk albei voltyds, en as ons nie ’n bietjie mise en place vir die week doen nie, sukkel ons. Onthou, ons wil nie in die groef verval om oorverwerkte en ongesonde wegneemetes of klaargemaakte supermarkmaaltye te eet nie.\nBegin met ’n maaltydplan\nBeplan die week se etes en maak ’n inkopielys daarvolgens. Ek gebruik ook sommer die geleentheid om die yskas en koskas uit te sorteer en plek te maak vir die nuwe aankope.\nKry ’n roetine wat vir jou werk\nOns almal se lewens verskil en jy sal weet wanneer jy tyd vir bak en ekstra kosvoorbereiding kan inruim. Ek knyp ’n paar minute oor die naweek af om vir die week voor te berei.\n• Saterdag is ons bakdag: Ek bak minstens een hoeveelheid van die Laekoolhidraat-broodrolletjies vir die kinders se kosblikke, of ek maak korslose quiches.\n• Sondagoggend: Terwyl ek Sondagmiddagete maak, is dit ’n goeie tyd om nog voorbereiding vir die week te doen aangesien ek reeds in die kombuis doenig is. Ek maak ons veelsydige vleiskragsop. Dit prut die hele dag op sy eie sonder enige moeite. Om tyd te spaar in die week, rasper ek kaas en bêre dit. Soms sal ons oor die naweek ’n groot pot bolognaise of ’n klomp vleiskoekies vir die week maak.\nMaak jou vrieskas jou beste vriend\nOm maaltye te vries, help ons baie gedurende die week as ons ’n besige naweek het en nie tyd het om vooraf die voorbereiding te doen nie.\nVerdubbel dit\nEk is ’n groot voorstaander van kook in grootmaat. Dit verg dieselfde moeite om 1 hoender in die oond te rooster as om 2 hoenders te rooster. Diselfde beginsel geld wanneer jy 2 kg Bolognaise eerder as 1 kg maak. Op hierdie manier het jy nie net gesonde vulsels vir kosblikke nie, maar jou aandete vir ’n besige weeksdag is ook uitgesorteer.\nGeriefskos en ons gejaagde lewenstyl het ons beroof van ons vermoë om vooruit te beplan en te kook. Ons het ons gewone kosmaakvaardighede verloor, tot so ’n mate dat dit “moeilik” geword het om selfs ’n eenvoudige maaltyd te maak. Dit is nie dat mense nie kan kos maak nie (hoewel baie basiese vaardighede vergete geraak het), dit is dat ons nie meer in die gewoonte is om kos te maak nie. Ek praat van op ’n daaglikse basis vir jou gesin kos te maak: ontbyt, middagete, aandete en selfs die peuselhappies tussenin. Om van nuuts af te begin en te weet wat in jou kos ingaan: dit is waaroor die laekoolhidraat-leefwyse gaan; om verfynde en verwekte kosse uit te sluit en weer regte kos te eet!", "Laekoolhidraatleefstyl: Praktiese wenke" ]
[]
2016-09-16 13:45:54+00:00
null
2016-09-16 09:12:47
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Freis-na-praag%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Starbucks-Majestic-view-355x360.jpg
en
null
Reis na Praag
null
null
www.rooirose.co.za
Ek maak myself skraal teen die hoek van die gebou om onder die reëndruppels uit te bly. Ek en die twee tasse pas net-net onder die dak se oorhang in. Die man oorkant die straat op die kroeg se trappie sit my geamuseerd en dophou. Die bierbeker op die grond tussen sy voete in gaatjie-Crocs is amper leeg. “Gmf! Elfuur, nie ’n bietjie vroeg vir bier nie?” wil-wil ek my neus optrek, maar besef toe ek staan op ’n straathoek in Praag, hoofstad van die land waar daar in 2014 143 liter bier per persoon gedrink is. (Ná die vier dae in die stad lyk dit vir my na ’n konserwatiewe syfer.) Indien die spesifieke kroeg die Crocs-man se gewone uithangplek is, moet hy honderde toeriste soos ek per dag sit en aanskou. Effe verlore, effe nat en swetend met wieletjiestasse wat sukkel oor die antieke, gladde keistene teen die steil opdraand. “Ons is op die regte plek, hierdie is Nerodovastraat. Die hotel is net hoër op teen die bult,” praat my man agter my terwyl hy die nuutgekoopte padkaart opvou en in sy hempsak druk. Ons begin die tasse teen die steilte opsleep, sukkel op die een-mens-breë sypaadjie tussen baie ander toeriste. My voete en kuite protesteer oor die ongewone, skielike ooreising en ek begin benoud raak oor die volgende tien dae se baie stap. “Is jy by?” praat my man later van ’n paar treë vorentoe af oor sy skouer. Asem om te antwoord het ek nie, die opdraand is vreeslik! By die huis het ek my man se minimalistiese tasinhoud bekyk terwyl ek diskreet op my tas se hoeke geleun het om dit toe te kry. Nou is ek spyt, die ekstra skoene en baadjies maak moeilikheid. Dankie tog vir wieletjies! “Aa, ons is hier!” soete woorde wat hy net op daardie oomblik uiter. Ons is voor die deur van Design Hotel Neruda – ons tuiste vir die volgende vier dae. Vriendelike ontvangs, heerlike koffie en ’n belofte van gratis koek elke middag van vieruur af! Behalwe bier, is ons dan nou nie in die land van sjokolade, koek, “pastries” en Trdelnik nie? Ons blyplek, net onder die Praagpaleis se muur, is op die antieke, koninklike roete van die bekende Charles-brug af na die paleis. Dieselfde middag nog begin ons Praag-ekskursie by die paleis. St Vitus-katedraal, St George’s Basilika, Golden Lane, deel van die grootste, antieke paleiskompleks in die wêreld wat uit die negende eeu dateer. Tans die amptelike woning van die president van die Tjeggiese Republiek. Die steil opdraand paleis toe, bring ’n bonus – ’n mark! Oulike houthuisies waar kos, aandenkings en Trdelnik verkoop word. Ons eerste kennismaking met hierdie plaaslike lekkerny laat my besef as ek enigsins in my klere wil bly pas, sal ek ernstige selfbeheersing moet toepas, want dis só lekker dat ek dit soggens tot saans sal eet. Repe deeg wat om hout- of metaalsilinders gedraai word en oor kole gebak word, word in warm kaneelsuiker en neute gerol en les bes, indien ’n mens verkies, met Nutella aan die binnekant beplak. O! Ons verkies dit beslis! Hemels! Hier neffens die paleishek is ’n Starbucks – op die lys van “The best Starbucks Patios around the globe”. Die sogenaamde “majestic views” waarvan die webwerf vertel, is asemrowend! (Sien hooffoto). St George’s – die oudste kerk in die paleiskompleks dateer uit 920, maar St Vitus se uiterlike indrukwekkendheid oorskadu die geboue rondom en dreig om ’n mens met detail te oorrompel nog voordat jy by die deur in is. Ek kan nie ophou kyk na die goue mosaïek bokant die koninklike ingang aan die buitekant nie en met die instap lei die menigte marmerpilare wat ten hemele strek ’n mens so oë opwaarts. Hierdie katedraal is in 1344 begin en het ses eeue geneem om te voltooi. Met nederigheid kan ek my maar net staan en verwonder oor dié tydperk se mense wat met beperkte kennis en toerusting sulke grootsheid kon vermag. Geen moeite en koste te veel nie, geen detail te gering nie, geen tyd te lank nie. ’n Mens kan ’n hele dag hier verwyl, maar die res van Praag wag … Charles-brug, ons is op pad. Gelukkig hierdie keer genadiglik áf teen die steil bult.
http://www.rooirose.co.za/reis-na-praag/
af
2016-09-16
www.rooirose.co.za/1383691a906d29b6867f89cd197d7426552d28161cc79b6b2c00ce5f73221059.json
[ "Ek maak myself skraal teen die hoek van die gebou om onder die reëndruppels uit te bly. Ek en die twee tasse pas net-net onder die dak se oorhang in. Die man oorkant die straat op die kroeg se trappie sit my geamuseerd en dophou. Die bierbeker op die grond tussen sy voete in gaatjie-Crocs is amper leeg.\n“Gmf! Elfuur, nie ’n bietjie vroeg vir bier nie?” wil-wil ek my neus optrek, maar besef toe ek staan op ’n straathoek in Praag, hoofstad van die land waar daar in 2014 143 liter bier per persoon gedrink is. (Ná die vier dae in die stad lyk dit vir my na ’n konserwatiewe syfer.) Indien die spesifieke kroeg die Crocs-man se gewone uithangplek is, moet hy honderde toeriste soos ek per dag sit en aanskou. Effe verlore, effe nat en swetend met wieletjiestasse wat sukkel oor die antieke, gladde keistene teen die steil opdraand.\n“Ons is op die regte plek, hierdie is Nerodovastraat. Die hotel is net hoër op teen die bult,” praat my man agter my terwyl hy die nuutgekoopte padkaart opvou en in sy hempsak druk.\nOns begin die tasse teen die steilte opsleep, sukkel op die een-mens-breë sypaadjie tussen baie ander toeriste. My voete en kuite protesteer oor die ongewone, skielike ooreising en ek begin benoud raak oor die volgende tien dae se baie stap.\n“Is jy by?” praat my man later van ’n paar treë vorentoe af oor sy skouer.\nAsem om te antwoord het ek nie, die opdraand is vreeslik! By die huis het ek my man se minimalistiese tasinhoud bekyk terwyl ek diskreet op my tas se hoeke geleun het om dit toe te kry. Nou is ek spyt, die ekstra skoene en baadjies maak moeilikheid. Dankie tog vir wieletjies!\n“Aa, ons is hier!” soete woorde wat hy net op daardie oomblik uiter. Ons is voor die deur van Design Hotel Neruda – ons tuiste vir die volgende vier dae. Vriendelike ontvangs, heerlike koffie en ’n belofte van gratis koek elke middag van vieruur af! Behalwe bier, is ons dan nou nie in die land van sjokolade, koek, “pastries” en Trdelnik nie?\nOns blyplek, net onder die Praagpaleis se muur, is op die antieke, koninklike roete van die bekende Charles-brug af na die paleis. Dieselfde middag nog begin ons Praag-ekskursie by die paleis. St Vitus-katedraal, St George’s Basilika, Golden Lane, deel van die grootste, antieke paleiskompleks in die wêreld wat uit die negende eeu dateer. Tans die amptelike woning van die president van die Tjeggiese Republiek.\nDie steil opdraand paleis toe, bring ’n bonus – ’n mark! Oulike houthuisies waar kos, aandenkings en Trdelnik verkoop word. Ons eerste kennismaking met hierdie plaaslike lekkerny laat my besef as ek enigsins in my klere wil bly pas, sal ek ernstige selfbeheersing moet toepas, want dis só lekker dat ek dit soggens tot saans sal eet. Repe deeg wat om hout- of metaalsilinders gedraai word en oor kole gebak word, word in warm kaneelsuiker en neute gerol en les bes, indien ’n mens verkies, met Nutella aan die binnekant beplak. O! Ons verkies dit beslis! Hemels!\nHier neffens die paleishek is ’n Starbucks – op die lys van “The best Starbucks Patios around the globe”. Die sogenaamde “majestic views” waarvan die webwerf vertel, is asemrowend! (Sien hooffoto).\nSt George’s – die oudste kerk in die paleiskompleks dateer uit 920, maar St Vitus se uiterlike indrukwekkendheid oorskadu die geboue rondom en dreig om ’n mens met detail te oorrompel nog voordat jy by die deur in is. Ek kan nie ophou kyk na die goue mosaïek bokant die koninklike ingang aan die buitekant nie en met die instap lei die menigte marmerpilare wat ten hemele strek ’n mens so oë opwaarts. Hierdie katedraal is in 1344 begin en het ses eeue geneem om te voltooi. Met nederigheid kan ek my maar net staan en verwonder oor dié tydperk se mense wat met beperkte kennis en toerusting sulke grootsheid kon vermag. Geen moeite en koste te veel nie, geen detail te gering nie, geen tyd te lank nie.\n’n Mens kan ’n hele dag hier verwyl, maar die res van Praag wag … Charles-brug, ons is op pad. Gelukkig hierdie keer genadiglik áf teen die steil bult.", "Reis na Praag" ]
[]
2016-09-26 21:59:17+00:00
null
2016-09-24 16:26:11
null
http%3A%2F%2Fwww.rooirose.co.za%2Fjp-sue-duminy-se-geheime-vir-die-huwelik%2F.json
http://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/09/Sue-en-JP-355x415.jpg
en
null
JP & Sue Duminy se geheime vir die huwelik
null
null
www.rooirose.co.za
Sue sê as sy nie ’n goeie verhouding met God het nie, kan sy nie een met haar man wees nie. “My hele wese, my siel, my karakter spruit uit God. My gemoed, my gedagtes en my make-up is gewortel in Sy beeld. My leuse is: Probeer om soos Jesus te wees, as jy jouself in ’n moeilike situasie bevind, vra jouself hoe sou Hy opgetree het? Die meeste van die tyd sal jou antwoord wees – met liefde.” Sue glo mens moet liefde teenoor almal rondom jou toon – selfs teenoor die motorbestuurder wat voor jou insny in die verkeer. “Dalk is hy op pad na ’n geliefde in die hospitaal. Leer om mense die voordeel van die twyfel te gee. Ek belowe jou jou lewe sal ’n gelukkiger plek word!” Sy glo ook as jy vir God vind, vind jy ’n hele nuwe wêreld. ’n Wêreld van liefde, vrede, geluk en tevredenheid. “Vervulling vul elke uithoek van jou liggaam en gees. ’n Oorweldigende gevoel van beskerming en teenwoordigheid verwarm jou hart. Jou denke verander en jou reaksies is in beheer.” Die paartjie glo in die huwelik moet elkeen die beste weergawe van hom- of haarself wees voor jy ’n huweliksmaat kan wees. Hulle besef ’n ongelukkige paartjie beïnvloed alles en almal om hulle negatief. “Niemand wil in ’n verhouding of huwelik wees waar jy heeltyd voel jy loop op eiers nie. ’n Goddelike vrou en ’n Godvresende man se huwelik is gebaseer op die deugde geduld, liefde en vriendskap. Dit raak nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit hanteer mekaar nie met oneer nie, is nie eiesinnig of liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Liefde verlustig hom nie in die kwaad nie, maar bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” Vir hulle is liefde nie ’n goedkoop ding wat gou verwelk nie. Liefde is vir hulle ’n band, ’n verbintenis, en dit is ’n lewenslange band. Liefde kan ’n klomp dinge verduur. Liefde is konstant. Sue se siening van die liefde: “Liefde vir my is ’n intense, oorweldigende gevoel wat my hart letterlik warm laat voel. Dis ’n stormloop van endorfiene. Dit is ’n ongelooflike opwinding van geluk en vrede. Ek ervaar dit as ek my man en dogter sien.” JP se siening van die liefde: “Dit is ’n oorweldigende gevoel wat moeilik is om te verduidelik. Dis ’n warm sensasie in jou. Dit is buite jou beheer, maar jy weet dit is daar.” Sue se geheim vir ’n gelukkige huwelik is dat God die grondslag van die huwelik is, maar dat JP haar nommer een man is. “My verhouding met God beïnvloed my huwelik direk. As my gedagtes en hart op die regte plek is, sal my huwelik ook so wees. Moet nooit respek vir jou lewensmaat verloor nie. Maak altyd tyd vir mekaar, veral as jy kinders het. Praat met mekaar. Sê as jy nie van iets hou nie. Luister na mekaar. Luister met begrip en maak ’n verandering wanneer nodig. Die huwelik is ’n voortdurende aanpassing en verandering. Maak altyd seker jy en jou maat groei in dieselfde rigting.” Sy glo die huwelik behels ook dat mens mekaar ruimte gee om sy eie dinge te doen soos visvang of gholf speel. Sy dink altyd aan haar man voor sy besluite neem. JP wortel ook sy verhouding in God. Hy glo ’n onbaatsugtige ingesteldheid laat die huwelik werk en dat mens mekaar vryheid moet gee om as individue te groei. Sue het geleer om oor probleme te gesels. “Ek voel soveel beter as ek oor ’n konfliksituasie praat. Ons probeer ’n gemeenskaplike grond vind waar ons albei erken wat ons verkeerd gedoen het, om verskoning vra en die probleem laat gaan.” Sy glo die huwelik moet voortdurend geëvalueer en aangepas word. Dit verg diep gesprekke op ’n konstante basis. Die huwelik floreer op kwesbaarheid, eerlikheid en vertroue. JP sê in ’n huwelik kan elkeen soms dink sy menging is reg. “As elkeen eers luister voor hy reageer, sal die huwelik ’n lang pad stap. Neem tyd om te dink oor wat jy wil sê voor jy reageer. Dit is ’n stap in die regte rigting” – JP Duminy Sue meen as iemand deur ’n slegte fase gaan, moet jy praat oor die probleem. “Sê hoe jy voel, hoe hy/sy jou laat voel het en praat, altyd met liefde en respek, teenoor mekaar. Laat hom/haar verstaan wat jou lewensdoelwitte is en wat jy van hulle verwag en hoe jy ondersteun wil word.” Sy sê jy moet altyd onthou hoekom jy op daardie persoon verlief geraak het. “Die belangrikste deel is: Bid saam … bid vir mekaar” – Sue Duminy JP meen mense se ego is dikwels in die pad wat veroorsaak dat hulle ’n probleem self oplos. “Soms help dit om raad te vra as jy nie op jou eie die antwoorde kry nie. Dit is nie ’n swakheid om raad te vra nie, dit toon karakter.” Sue se raad aan enkellopende vroue is om te soek na ’n man wat jou met respek behandel en wat jou ondersteun, motiveer en vir jou sal opstaan. “Kry iemand met goeie morele waardes en ’n goeie werksetiek. Die regte man sal jou soos ’n prinses laat voel. Elke dag. Ek het lank vir so man gebid en God het my gebed verhoor.” JP het gesoek na ’n unieke vrou wat God oor sy pad sal bring. Iemand wie hy kan vertrou. En dit is Sue. Bron: Inspired Women Sue se rok deur Cindy Bam Couture Foto’s deur Shireen Louw
http://www.rooirose.co.za/jp-sue-duminy-se-geheime-vir-die-huwelik/
af
2016-09-24
www.rooirose.co.za/0093cac02ebf6b0e343ebac77afe59882367fd80db9ca54dae9243f34a2d1d9f.json
[ "Sue sê as sy nie ’n goeie verhouding met God het nie, kan sy nie een met haar man wees nie.\n“My hele wese, my siel, my karakter spruit uit God. My gemoed, my gedagtes en my make-up is gewortel in Sy beeld. My leuse is: Probeer om soos Jesus te wees, as jy jouself in ’n moeilike situasie bevind, vra jouself hoe sou Hy opgetree het? Die meeste van die tyd sal jou antwoord wees – met liefde.”\nSue glo mens moet liefde teenoor almal rondom jou toon – selfs teenoor die motorbestuurder wat voor jou insny in die verkeer. “Dalk is hy op pad na ’n geliefde in die hospitaal. Leer om mense die voordeel van die twyfel te gee. Ek belowe jou jou lewe sal ’n gelukkiger plek word!”\nSy glo ook as jy vir God vind, vind jy ’n hele nuwe wêreld. ’n Wêreld van liefde, vrede, geluk en tevredenheid.\n“Vervulling vul elke uithoek van jou liggaam en gees. ’n Oorweldigende gevoel van beskerming en teenwoordigheid verwarm jou hart. Jou denke verander en jou reaksies is in beheer.”\nDie paartjie glo in die huwelik moet elkeen die beste weergawe van hom- of haarself wees voor jy ’n huweliksmaat kan wees. Hulle besef ’n ongelukkige paartjie beïnvloed alles en almal om hulle negatief.\n“Niemand wil in ’n verhouding of huwelik wees waar jy heeltyd voel jy loop op eiers nie. ’n Goddelike vrou en ’n Godvresende man se huwelik is gebaseer op die deugde geduld, liefde en vriendskap. Dit raak nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit hanteer mekaar nie met oneer nie, is nie eiesinnig of liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Liefde verlustig hom nie in die kwaad nie, maar bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”\nVir hulle is liefde nie ’n goedkoop ding wat gou verwelk nie. Liefde is vir hulle ’n band, ’n verbintenis, en dit is ’n lewenslange band.\nLiefde kan ’n klomp dinge verduur. Liefde is konstant.\nSue se siening van die liefde: “Liefde vir my is ’n intense, oorweldigende gevoel wat my hart letterlik warm laat voel. Dis ’n stormloop van endorfiene. Dit is ’n ongelooflike opwinding van geluk en vrede. Ek ervaar dit as ek my man en dogter sien.”\nJP se siening van die liefde: “Dit is ’n oorweldigende gevoel wat moeilik is om te verduidelik. Dis ’n warm sensasie in jou. Dit is buite jou beheer, maar jy weet dit is daar.”\nSue se geheim vir ’n gelukkige huwelik is dat God die grondslag van die huwelik is, maar dat JP haar nommer een man is.\n“My verhouding met God beïnvloed my huwelik direk. As my gedagtes en hart op die regte plek is, sal my huwelik ook so wees. Moet nooit respek vir jou lewensmaat verloor nie. Maak altyd tyd vir mekaar, veral as jy kinders het. Praat met mekaar. Sê as jy nie van iets hou nie. Luister na mekaar. Luister met begrip en maak ’n verandering wanneer nodig. Die huwelik is ’n voortdurende aanpassing en verandering. Maak altyd seker jy en jou maat groei in dieselfde rigting.”\nSy glo die huwelik behels ook dat mens mekaar ruimte gee om sy eie dinge te doen soos visvang of gholf speel. Sy dink altyd aan haar man voor sy besluite neem.\nJP wortel ook sy verhouding in God. Hy glo ’n onbaatsugtige ingesteldheid laat die huwelik werk en dat mens mekaar vryheid moet gee om as individue te groei.\nSue het geleer om oor probleme te gesels.\n“Ek voel soveel beter as ek oor ’n konfliksituasie praat. Ons probeer ’n gemeenskaplike grond vind waar ons albei erken wat ons verkeerd gedoen het, om verskoning vra en die probleem laat gaan.”\nSy glo die huwelik moet voortdurend geëvalueer en aangepas word. Dit verg diep gesprekke op ’n konstante basis. Die huwelik floreer op kwesbaarheid, eerlikheid en vertroue.\nJP sê in ’n huwelik kan elkeen soms dink sy menging is reg.\n“As elkeen eers luister voor hy reageer, sal die huwelik ’n lang pad stap. Neem tyd om te dink oor wat jy wil sê voor jy reageer. Dit is ’n stap in die regte rigting” – JP Duminy\nSue meen as iemand deur ’n slegte fase gaan, moet jy praat oor die probleem.\n“Sê hoe jy voel, hoe hy/sy jou laat voel het en praat, altyd met liefde en respek, teenoor mekaar. Laat hom/haar verstaan wat jou lewensdoelwitte is en wat jy van hulle verwag en hoe jy ondersteun wil word.”\nSy sê jy moet altyd onthou hoekom jy op daardie persoon verlief geraak het.\n“Die belangrikste deel is: Bid saam … bid vir mekaar” – Sue Duminy\nJP meen mense se ego is dikwels in die pad wat veroorsaak dat hulle ’n probleem self oplos.\n“Soms help dit om raad te vra as jy nie op jou eie die antwoorde kry nie. Dit is nie ’n swakheid om raad te vra nie, dit toon karakter.”\nSue se raad aan enkellopende vroue is om te soek na ’n man wat jou met respek behandel en wat jou ondersteun, motiveer en vir jou sal opstaan.\n“Kry iemand met goeie morele waardes en ’n goeie werksetiek. Die regte man sal jou soos ’n prinses laat voel. Elke dag. Ek het lank vir so man gebid en God het my gebed verhoor.”\nJP het gesoek na ’n unieke vrou wat God oor sy pad sal bring. Iemand wie hy kan vertrou. En dit is Sue.\nBron: Inspired Women\nSue se rok deur Cindy Bam Couture\nFoto’s deur Shireen Louw", "JP & Sue Duminy se geheime vir die huwelik" ]