title
stringlengths
1
81
author
stringclasses
25 values
text
stringlengths
0
7.9k
edition
stringlengths
11
11
language_code
stringclasses
1 value
__index_level_0__
int64
0
186
Kom ons werk saam om ons finansies reg te ruk
vukuzenzele unnamed
Dit is duidelik uit die syfers dat, tensy ons nou optree om dinge om te keer, daar nog moeiliker tye voorlê. Eenvoudig gestel, ons bestee baie meer as wat ons verdien. As gevolg hiervan, leen ons al hoe meer terwyl die koste om skuld te betaal styg. Trouens, skuldkoste is nou die vinnigste groeiende vlak van besteding. Ons bestee meer aan skuldte rugbetalings as aan gesondheid; slegs onderwys en maatskapli ke ontwikkeling kry meer. Hierdie posisie is onseker en onvolhoubaar. Ons moet aansienlike veran deringe aanbring en dit moet nou aangebring word. Daar is verskeie redes vir die posisie waarin ons tans is. Ons ekonomie het die afgelope de kade nie veel gegroei nie, veral weens die wêreldwye finansiële krisis in 2008 en 'n afname in die vraag na die minerale wat ons uitvoer. As gevolg hiervan was die invordering van inkomste swak en moes ons meer leen om besteding aan ontwikke ling, infrastruktuur en lone te kon volhou. Terselfdertyd het staatskaping en korrupsie 'n invloed gehad op bestuur, bedryfsdoeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid by verskeie openbare instellings, insluitend ondernemings in staatsbesit (SOE's). Pogings wat die afgelope twee jaar aangewend is om die ekonomie te laat herleef en instellings te herbou, word nou ondermyn deur die elek trisiteitskrisis, wat groei verder beperk en 'n bykomende las op openbare finansies plaas. Ons prioriteite in hierdie be groting is dus om die ekonomie weer op 'n groeipad te plaas, openbare besteding te beperk en ons skuld te stabiliseer. Die begroting is 'n integrale deel van ons strewe na inklu siewe groei, werkskepping, belegging en 'n bekwame staat. Ons het 'n doelbewuste besluit geneem om nie die pad van besnoeiingsmaatreëls te volg nie. Op so 'n roete sou die uitga wes aan maatskaplike dienste waarop arm mense staatmaak, heelwat besnoei moes word. Dit kon daartoe gelei het dat staatsamptenare se salarisse dramaties sou verminder; die omvang van die staatsdiens, bo nusse en pensioene gekortwiek word; belasting verhoog word en die belangrikste staatsbates verkoop moes word. 'n Besnoeiingsbegroting sou ons groeivooruitsigte verder benadeel het en die staat se ver moë om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer en in die behoeftes van mense te voorsien, verswak het. Ons het in plaas daarvan 'n begroting voorgelê wat verskeie gebalanseerde en weldeurdagte maatreëls bevat om besteding in toom te hou, omset te verhoog en groei aan te moedig. Oor die volgende drie jaar ver wag ons om ongeveer R261 mil jard te bespaar deur verskillen de departemente se begrotings te besnoei en die koers waarteen die staatsdiens se loonrekening verhoog, te verlaag. Terself dertyd sal ons egter meer moet bestee om die herstruk turering van SOE's soos Eskom en die SAL te ondersteun. As gevolg hiervan, verwag ons 'n netto vermindering van R156 miljard in nie-rente-uitgawes oor die mediumtermyn. Dit sal help om die tekort te verklein en ons leningsbehoef tes te verminder. 'n Groot deel van die bespa ring sal uit die vermindering van die koers waarteen ons loonrekening groei, spruit. Dit sal verg dat gefokusde bespre kings tussen alle maatskaplike vennote, maar veral met vak bonde in die openbare sektor, gehou moet word. Hierdie be sprekings moet plaasvind met die wil om oplossings te vind. Ek is bemoedig deur die bereid willigheid van alle partye om oplossings deur daadwerklike onderhandelinge te vind. Ons benadering is nie om die grootte van die staatsdiens dramaties te verminder nie, maar om te kyk na die tempo waarteen lone groei. Staats -dienslone het oor baie jare ge middeld teen 'n baie hoër koers gestyg as inflasie, en ons moet dit regstel om die openbare finansies onder beheer te kry. Dit geld ook vir die bestuur van mense se persoonlike finansies, waar enige uitgawes wat meer as inflasie styg of dit nou elektrisiteitstariewe, mobiele tariewe of kos is die begroting en finansies van elke individu altyd onder druk sal plaas. Die loonrekening is volgens ekonomiese klassifikasie die grootste bestedingskom ponent. Die toename in die loonrekening het begin om die besteding aan kapitaalprojekte vir toekomstige groei en items wat van kritieke belang is vir dienslewering, te verdring. Die staatsdiens se loonreke ning is geensins die enigste gebied waar ons koste besnoei nie. Ek het besluit dat die sala risse van senior openbare amps draers nie vanjaar verhoog sal word nie. Dit volg op 'n vermin dering in voordele wat spruit uit wysigings aan die Ministe riële Handboek. Ons sal vanjaar 'n nuwe wet publiseer waarin 'n vergoedingsraamwerk vir openbare entiteite en onder nemings in staatsbesit bekend gemaak sal word om buitenspo rige betaling aan raadslede en bestuurders te voorkom. Ons vakbondgenote is reg wanneer hulle sê dat ons op 'n bewysbare manier lekkasies van openbare fondse moet voorkom deur korrupsie uit te roei, en onreëlmatige, nuttelose en verkwistende uitgawes te beëindig. Ons sal dit, en nog baie meer doen. Net so belangrik as wat dit is om die openbare loonrekening in toom te hou om openbare finansies te stabiliseer, is dit noodsaaklik om die prestasie van die openbare sektor te verbeter om 'n meer bekwame, doeltreffende staat te bou. Ons het meer van die regte mense in die regte posisies nodig. Deur openbare besteding in toom te hou, streef ons daarna om groei te verbeter. Dit is om hierdie rede dat daar geen groot belastingverhogings is nie, ondanks die fiskale tekort. In plaas daarvan is daar 'n mate van verligting vir individuele belastingbetalers en verskeie maatreëls om die korporatiewe belastingbasis te verbreed. Ons gaan ook voort met verreiken de hervormings in gebiede soos elektrisiteitsvoorsiening, hawens en spooren telekom munikasie om die koste van saketransaksies te verlaag. Deur die Infrastruktuurfonds wil ons finansiering vanuit 'n verskei denheid bronne mobiliseer om in 'n massiewe bouprogram te belê. Deur ons industriële stra tegie en beleggingsaansporing, ontsluit ons belangrike groei gebiede. Ons herstel ons openbare finansies om inklusiewe groei en werkskepping moontlik te maak. In sulke omstandighede moet ons realisties wees, nie dogmaties nie. Dit verg same werking, nie konflik nie. Daar moet kompromieë en aanpas sings gemaak word. Ons is almal saam in dieselfde bootjie, en ons deel 'n gesament like verantwoordelikheid om die roeispane te neem, om as ’n eenheid saam te roei en ons land deur hierdie stormagtige waters te stuur.
2020-03-ed2
afr
58
Die wetlike beëindiging van ʼn huwelik
Dale Hes
ʼn Egskeiding is wanneer ʼn huwelik amptelik in ʼn geregshof beëindig word. Daar is twee soorte egskeid-ings: onbestrede — waar albei partye saamstem dat ʼn egskeiding moet plaasvind; en bestrede — waar die par-tye nie saamstem oor ʼn eg-skeiding of die voorwaardes daarvan nie.Josephine Peta, Senior Regsadministrateur by die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se Kantoor van die Gesins-advokaat, verduidelik dat die egskeidingsproses begin wanneer ʼn dagvaarding uit-gereik word.“ʼn Persoon wat sy of haar huwelik wil ontbind, kan ʼn egskeidingsdagvaarding by ʼn hooggeregshof of streekhof kry, of ʼn prokureur nader om hulle met die proses te help. Die eggenoot wat met die egskeidingsprosedure begin, word die eiser genoem, en die ander gade is die verweerd-er,” sê Peta.Peta verduidelik dat die egskeidingsdagvaarding aan die volgende vereistes moet voldoen: • aandui dat daar geen rede-like kans bestaan om die verhouding te herstel nie; • voorsiening maak vir die verdeling van gesamentlike besittings of die afdwinging van die voorwaardes waar-oor ooreengekom is in die voorhuwelikse ooreenkoms wat aan die begin van die huwelik onderteken is; en• bepaal watter reëlings getref sal word vir die egpaar se kinders, soos byvoorbeeld by wie die kind gaan woon.“Die dagvaarding moet ook aandui dat die verweerder 10 dae het — in die geval waar hy of sy in dieselfde omge-wing as die eiser woon, of 20 dae — indien die partye in verskillende provinsies woon, om op die dagvaarding te rea-geer,” voeg Peta by.Sodra ʼn saak geopen is, word dokumente aan die eiser teruggegee, wat twee stelle van hierdie dokumente aan die balju in die omgewing waar die verweerder werk of woon, moet voorsien.“Die balju sal dan die do-kumente persoonlik aan die verweerder voorlê en ʼn relaas van betekening – ʼn geskrewe dokument wat bewys dat die dokumente aan die verweerder beteken is – uitreik. Waar daar kinders betrokke is, moet die Kantoor van die Gesinsad-vokaat in kennis gestel word,” verduidelik Peta.Na ʼn tydperk van 10 of 20 dae kan die eiser die egskeid-ing op die hofrol plaas. In betwiste egskeidings moet die verweerder die dagvaarding beantwoord deur ʼn kennis-gewing van voorneme om die saak te verdedig.“Sodra dit gedoen is, moet hy of sy ook binne ʼn bepaalde tydperk ʼn pleidooi indien. ʼn Pleidooi is ʼn verklaring waarin die verweerder op die bewerings in die dagvaarding reageer. Nadat ʼn pleidooi ingedien is, kan die eiser ook op die pleidooi reageer of ʼn kennisgewing van vasgestel-de voorlegging indien.“Die saak sal dan vir verhoor op die rol geplaas word,” sê Peta. vWat is ʼn verstekeg-skeiding?ʼn Hof sal ʼn egskeiding by verstek toestaan indien ʼn dagvaarding op die gade uitgedien is en hy of sy nie binne die toegewese tydperk reageer nie. Dit is egter raadsaam om jou huweliksmaat eers te kontak, want hy of sy kan later probeer om die egskeiding tersyde te stel op grond daarvan dat daar ʼn goeie rede was waarom die sperdatum nie nagekom is nie. Die Vuk’uzenzele koerant gaan ʼn reeks artikels publiseer wat met egskeiding verband hou. Kyk uit daarvoor in die volgende uitgawe.
2020-01-ed1
afr
48
So kan tieners onbeplandeswangerskap verhoed
vukuzenzele unnamed
Sommige mense dink dat onthouding (om te kies om nie seks te hê totdat jy ge-troud is nie) ouderwets is, terwyl ander dink dat dit moreel die beste ding is om te doen. Tieners moet egter vir hulself besluit.Baie mense wil nie wag totdat hulle getroud is voordat hulle seks het nie. Hulle wil ook nie enigiets oorhaastig doen en foute maak wat hulle duur te staan sal kom nie. Hulle besluit dikwels dat dit die beste besluit is om seks uit te stel totdat hulle ouer is, meer verantwoordelik is, in ʼn stabiele verhouding is met een maat en ʼn werk het.Daar is ook ander dinge wat jy kan doen om jouself te beskerm as jy onthouding kies of kies om seks uit te stel: • Kies jou vriende versigtig. Vriende behoort jou beste belange op die hart te dra en jou besluit om nie seks te hê nie, te respekteer.• Wees versigtig vir situasies wat onveilig kan wees, soos vriende wat drink of dwelms gebruik, wat tot onveilige seks kan lei.• Wees versigtig vir maats wat vir jou sê dat jy saam met hulle sal slaap as jy hulle lief het.• Luister na en leer van mense wat self tienerswanger skap ervaar het. Hulle weet wat die foute en nadele behels.• Luister na en leer van jou ouers oor hulle lewens ervarings. As jy besluit dat onthou-ding en om seks uit te stel nie die beste keuses vir jou is nie en jy eerder nie wil wag nie, moet jy tyd maak om oor beskerming te leer, insluitend voorbehoeding, wat beteken jy gebruik ʼn metode (meganies of che-mies) om swangerskap te verhoed. Daar is verskeie voorbe-hoedmiddels wat op verskillende maniere werk om swangerskap te verhoed. Dit sluit in voorbehoedmiddels wat mondelings geneem word, bekend as 'die pil'; voorbehoedmiddels wat ingespuit word; en manlike en vroulike kondome. Wat kan ek doen as ek swanger raak?As jy dink dat jy dalk swanger is, neem iemand wat jy vertrou saam met jou na jou naaste kliniek om ʼn swangerskaptoets te laat doen.Voorgeboortelike sorg (om na jou ongebore baba om te sien) is belangrik en begin gewoonlik op agt weke. Jou plaaslike kliniek kan jou met voorgeboortelike sorg help en ʼn gesondheidsorgwerker sal jou help om ʼn plan te ontwikkel wat gepas is vir jou en jou baba.Dit is belangrik om geson-de, voedsame kos te eet, te oefen, genoeg te slaap en dwelms en alkohol te vermy wanneer jy swanger is.. *Hierdie inligting is deur die KwaZulu-Natalse Departement van Gesondheid verskaf. OM SWANGER te raak as ʼn tiener, sal die res van jou lewe beïnvloed, maar daar is maniere om jouself teen onbeplande swangerskappe te beskerm.
2020-10-ed2
afr
88
Vrystaat se swart chemiese nyweraars skep werk
More Matshediso
Kevali Chemicals is die eerste Vrystaatse chemiese vervaardiger in swart besit wat ’n verskeiden heid watersuiwerings-, higiëneen sanitêre oplossings asook kleefmiddels produseer. Die maatskappy is in 2014 gestig deur vier vriende wat kundiges is op die terrein van chemikalieë, vinnig bewegende verbruikersgoedere, produkontwikkeling en die kleefmiddelbedryf. Die Uitvoerende Direkteur van Kevali Chemicals, Funeka Khumalo, sê die Hulpskema vir Swart Nyweraars het haar maatskappy gehelp om masjinerie en toerusting aan te koop wat hulle in staat gestel het om die vervaardigingen produksielyn vir watersuiweringsmiddels, skoonmaaken ontsmettingsmiddels asook kleefmiddels te begin. “In die begin moes ons geld in die onderneming instoot om dit op te dreef te kry, maar ons het uiteindelik befondsing van die Departement van Handel en Nywerheid (die dti) deur middel van die Hulpskema vir Swart Nyweraars (BIS) asook die Nywer -heidsontwikkelingskorporasie verkry,” vertel sy verder. Die Hulpsskema vir Swart Nyweraars het Kevali Chemicals gehelp om masjinerie en toerusting aan te koop om die vervaardigingen produksielyn vir watersuiwerings-, skoonmaaken ontsmettingsmiddels asook kleefmiddels te begin. Die hulpskema is ’n toelae-program van die Beleid vir Swart Nyweraars wat daarop gerig is om die potensiaal van swart nyweraars wat in die Suid-Afrikaan se ekonomie sake doen te ontsluit deur middel van doelbewuste, toegespitste en goed omskrewe finansiële en nie-finansiële tussenkomste. Khumalo sê dat dit ongeveer R18 miljoen gekos het om die onderneming op dreef te kry en bykans 11 maande om ’n wins te begin maak. Die maatskappy versprei sy produkte regoor Suid-Afrika asook in Uganda, Namibië en Tanzanië. Khumalo sê dat die uitwerking van die onderneming op plaaslike inwoners se lewens veel verder as net werkskepping strek. “Bo en behalwe dat ons werksgeleenthede vir plaaslike inwo ners geskep het, het ons ook ’n maatskaplike-beleggingsprogram waardeur ons vroue wat in townships en landelike gebiede woon help om klein sakeondernemings te begin wat in die vervaardiging van huishoudelike higiëneen sanitasieprodukte spesialiseer,“ sê sy. Sy vertel verder dat jong entrepreneurs moet weet dat dit nooit maklik is om ’n nuwe sakeonderneming te begin nie, maar dat hulle nie moet moed verloor nie omdat hulle wel later die vrugte sal pluk. Die Adjunkminister van Handel en Nywerheid, Bulelani Magwanishe, sê Kevali het die eer om die eerste onderneming te wees wat in die chemikalieë-, farmaseutieseprodukteen plastieksektor spesialiseer, wat sedert die inwerkingstelling van die Program vir Swart Nyweraars in 2016 goedgekeur is. “Die maatskappy sal broodnodige werksgeleenthede aan die omliggende gemeenskappe van Harrismith bied, wat onder hoë vlakke van werkloosheid gebuk gaan,” verduidelik Adjunk-minister Magwanishe.
2018-07-ed1
afr
21
Steun aan pasiënte noodsaaklik in stryd teen TB
Dale Hes
Suid-Afrika het ʼn leierskap sposisie in die globale stryd teen TB ingeneem en die Ver enigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) het ingetree om hulp aan te bied. Die projek wat oor vyf jaar strek en in 2016 begin het, word saam met die Nasionale Depar tement van Gesondheid in agt van Suid-Afrika se provinsies uitgevoer. Een van die belangrikste dele van die projek is om gemeenskapsgebaseerde NRO's te on dersteun. Die projek voorsien befondsing aan 21 NRO's, wat meer as 3 500 pasiënte, meest al vanuit landelike gebiede, ondersteun. Mosamaria in die VrystaatMosamaria in Mangaung, is een van die NRO's wat fondse van die projek ontvang het. Die organisasie het ʼn span gemeenskapsgesondheidswer kers, ʼn projekbestuurder en ʼn datavaslegger wat saamwerk om te verseker dat pasiënte op behandeling bly sodat hulle oor ʼn tydperk van ses maande genees kan word. "Ons het 74 versorgers in diens vir dié projek. Ons het aanvanklik met 200 pasiënte gewerk, toe 400 pasiënte en in ons huidige kontrak het ons 500 pasiënte waarmee ons op ʼn daaglikse basis werk. Die pasiënte word vanaf nege kli nieke in die Mangaung Metro na ons verwys wanneer hulle met TB gediagnoseer word," sê Mosamaria-koördineerder, Trudie Harrison. Mosamaria onderneem maan delikse deur-tot-deur siftings veldtogte om nuwe TB-pasiënte op te spoor en hulle dadelik te begin behandel. Harrison sê dat Mosamaria se werk die stigma van TB vermin der het en hegte verhoudings met die gemeenskap gesmee het. Dit het ook baie meer suk sesvolle behandelingskoerse tot gevolg gehad. "514 van ons pasiënte is by voorbeeld in 2018 genees," sê Harrison. Harrison deel die storie van een van Mosamaria se pasiënte. Hy is daagliks deur ʼn Mosama ria-versorger ondersteun, wat seker gemaak het dat hy elke dag sy medikasie neem en hom ook van mieliemeel en nuwe klere voosien het. "Hy het die behandeling voltooi en is genees en hy kon teruggaan werk toe, aangesien sy werkgewer sy werk vir hom gehou het," sê Harrison. Wees bewus van TBsimptome Jy behoort jou naaste kliniek of hospitaal te besoek om vir TB getoets te word as jy van die volgende simptome het: • Hoes wat vir drie of meer weke aanhou• Bloed uithoes• Borspyn of pyn het wanneer jy hoes of asemhaal• Onopsetlike gewigsverlies• Uitgeput voel• Koors. GESONDHEIDKontak die USAID TB Suid-Afrika Projek by 012 484 9300, vir meer inligting oor die projek.
2020-03-ed2
afr
57
Swart ekonomiese bemagtiging ʼn vereiste vir ontwikkeling
Vukuzenzele Unnamed
ʼn Grootmaatterminaal vir vloeistofbrandstof wat in Oos-Londen deur BP Southern Africa bedryf is, is aan die onafhanklike petrochemikalieëmaatskappy Wasaa verkoop. Wasaa het die terminaal se roerende bates en ʼn 20% aandeel in ankerplek-na-terminaalpyplyne gekoop. Dié aanskaffing van ʼn vloeistofbrandstofterminaal deur ʼn maatskappy wat deur ʼn swart vrou besit word, is ʼn geskiedkundige ontwikkeling, met die kommissie oor breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) se 2020-verslag wat toon dat die meeste ekonomiese sektore tekortskiet in terme van hul teikens vir eienaarskap deur swart vrouens. Dit dra by tot ons nasionale poging om ongelykheid reg te stel en te verseker dat daar sinvolle deelname deur die land se meerderheid in ons ekonomie is. Ek het onlangs die aanstelling van die nuwe adviesraad vir BGSEB – bestaande uit die regering, sakelui, die arbeidsmag en ander belanghebbendes – aangekondig. Die adviesraad is gestig om die saak van ekonomiese transformasie voor te staan. Die raad spruit uit ʼn 2001-verslag wat deur die BGSEB-kommissie saamge stel is. Dié verslag is na aanleiding van ʼn omvangryke studie oor die struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie en wat nodig is om die ekonomie te transformeer, swart entrepreneurskap te ontwikkel, meer swart bestuur en eienaarskap van ondernemings te verseker, en swart vrouens terug te bring na die hoofstroomekonomie toe. Dit sal volgende jaar twee dekades wees sedert die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemag tiging, wat die raad gevestig het, goedgekeur is. Ons is koersvas in ons toewyding om ekonomiese bemagtiging te verskans en te verdiep. Dit is waarom swart ekonomiese bemagtiging ʼn integrale deel van ons ekonomiese heropbou en herstel in die nasleep van die KOVID-19-pandemie is. Dit is een van die gerusstellings wat vroeër dié maand duidelik teenoor die swart sakeraad uitgespreek is toe ons die stand van BGSEB in die land, die vordering wat gemaak is en wat ons as sakegemeen skap moet doen om op ons vordering voort te bou, bespreek het. Oor die afgelope twee dekades is daar beduidende vordering gemaak, alhoewel daar agteruitgang in sommige gebiede was. Ons het agteruitgegaan betreffende die vermeerdering van swart bestuursbeheer, die opskaling van vaardigheidsontwikkeling, die verskansing van ondernemingsontwikkeling en die verbreding van voorraad-verkryging om aan swart vrouens en die jeug meer geleenthede te bied. Die apartheidsregering het opsetlik ʼn verwronge ekonomie gebou wat ontwerp is om blankes te bevoordeel. Die meerderheid Suid Afrikaners is gemarginaliseer in die hoofstroomekonomie, met swart entrepreneurs wat beperk is tot kleinhandelsakeondernemings in die townships. Swart eienaarskap van JSE-gelyste maatskappye was aan die einde van apartheid minder as 1%. Dié syfer het nie veel in die laaste 28 jaar verbeter nie. Daar was ook, terselfdertyd, belangrike privaatsektorinisiatiewe en doelbewuste maatreëls deur die Staat om groter en sinvoller deelname van swartmense in die ekonomie te fasiliteer. Nagenoeg 500 bemag tigingstransaksies is tussen 2017 en 2020 by die BGSEBkommissie ingehandig vir registrasie. Swart eienaarskap het teikens oorskry in sleutelsektore soos die boubedryf, eiendom, inligtingen kommunikasietegnologie, toerisme en vervoer. Ekonomiese transformasie en ekonomiese groei is vervleg. Daar kan nie een sonder die ander wees nie. Ons bevorder ʼn meer inklusiewe ontwikkelingsmodel, deur transformasie in die industrialisasieproses te integreer, wat welvaart deel eerder as om dit op te hoop. Die departement van handel, nywerheid en mededinging (DHNM) streef dié doelwit na deur verskeie programme. Dit behels ʼn ondersteuningsprogram vir township-ondernemings, uitvoerverwante opleiding deur die Nywerheids ontwikkelingskorporasie (NOK) aan ondernemings wat deur swartmense, vrouens en die jeug besit word en verhoogde infrastruktuurbegroting aan KMMO’s in Tshwane se spesiale ekonomiese sone. Ons stuur lokalisering deur sektorale meesterplanne wat ondernemings wat deur swartmense besit word, bevoordeel. Byvoorbeeld is 10 swart kontrakteurtelers gevestig, met ʼn belegging van R336 miljoen as deel van die pluimveemeesterplan. Die regering het ook ʼn swart uitvoerdersnetwerk geloods wat ondernemings wat deur swartmense besit word in die sektore van voedsel, ingenieursweseprodukte, voertuigkomponente, skoonheidsprodukte en ander sektore van die ekonomie met mekaar verbind. Die regering het verlede jaar R2.5 miljard in nuwe ondersteuning aan ongeveer 180 swart nyweraars, in die vorm van lenings deur die NOK en die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF), asook toelaes deur die DHNM se aansporingskema goedgekeur, as deel van ons veldtog om ʼn nuwe generasie swart nyweraars te skep. ʼn Verdere R12 miljard is oor die volgende drie jaar deur die NOK, NBF en ander instansies belowe om swart nyweraars te ondersteun. ʼn Bykomende R25 miljard is belowe om maatskappye wat deur swartmense, vrouens, jeugdiges en werkers besit word, te ondersteun. Dit is duidelik dat baie meer werk nog gedoen moet word om die vele uitdagings wat swart ondernemings in die gesig staar, aan te spreek. Dit behels die struikelblok van toegang tot aanvangsen uitbreidingskapitaal en die vermoë van KMMO’s om markte vir hulle produkte te kry. Besighede wat deur swart vrouens besit word, sukkel in besonder wanneer grootskaalse bemagtigings transaksies onderneem word. Om die siklus van onderontwikkeling deur swart ekonomiese bemagtiging te verbreek, is nie net ʼn morele opdrag nie; dit maak ook sakesin. Die voortgesette uitsluiting van die swart meerderheid uit die hoofstroomekonomie beperk ekonomiese groei, wat uiteindelik alle sakelui beïnvloed. Die uitbreiding van die land se entrepreneursbasis is fundamenteel vir ontwikkeling. Ons het ʼn gedeelde verantwoordelikheid om die poging om BGSEB te verskans aan te moedig omdat dit oor die uitwissing van ongelykheid gaan. Ongelyke ekonomieë kweek ongelyke samelewings en ongelyke samelewings ontwikkel en floreer nie. Dit is nie net verkeerd nie, maar ook onvolhoubaar vir ondernemings om hul bestuursen eienaarskapstrukture meestal blank of manlik te hou. Dit is, per slot van rekening, die Suid-Afrikaanse publiek wat die primêre verbruikers van hul goedere en dienste is. Dit behoort in die diversiteit van aanstellingsen bestuurspraktyke, in eienaarskap en in verkryging, weerspieël te word. BGSEB sal slegs bereik word deur vennootskap en ʼn gedeelde toewyding aan transformasie. Die aanstelling van die nuwe BGSEB-raad sal ons help om die grense van BGSEB uit te brei. Ek doen ʼn beroep op sakelui, die arbeidsmag en nywerhede om saam met die raad te werk namate hulle hul noodsaaklike werk onderneem.
2022-06-ed2
afr
160
ʼn Miljoen werksen lewensbestaans geleenthede en dit raak net meer
vukuzenzele unnamed
2022-11-ed1
afr
180
KOVID-19entstowwe: Ons beantwoord jou vrae
Allison Cooper
V: Kan die entstof Kovid19 veroorsaak of my laat positief toets?A: Nee. Nie een van die ent stowwe wat in Suid-Afrika gebruik word, bevat die lewendige virus wat Kovid19 veroorsaak nie. Dit kan dus nie die virus veroorsaak nie en jy sal nie positief toets nadat jy die entstof ontvang het nie. V: Is dit waar dat daar ʼn mikroskyfie in die entstof is wat mense se bewegings kan monitor? A: Nee. Daar is geen mi kroskyfie of opsporingstoe stel in die entstof nie. Ent stofvervaardigers moet die bestanddele van die entstof aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAH PRA) verklaar voordat die entstof vir gebruik goedge keur word. V: Ek het gehoor dat die entstof die merk van die Dier het — 666. Is dit waar?A: Nee. Entstowwe het geen verbintenis met enige godsdienstige organisasie nie en kan nie saam met geeste, demone of ander abstrakte bestanddele toegedien word nie. V: Moet ek ingeënt word as ek swanger is?A: ʼn Swanger vrou is meer geneig om siek te raak van Kovid-19. Deur haar te laat inent, kan dit voorkom dat ʼn swanger vrou ernstig siek word. V: Moet ek ophou om te borsvoed sodat ek ingeënt kan word?A: Die Wêreldgesondheids organisasie (WGO) en die Departement van Gesond heid beveel nie aan dat jy ophou borsvoed om teen Kovid-19 ingeënt te word nie. Entstowwe word aanbeveel vir gebruik deur borsvoe dende moeders. V: Kan ek ʼn entstof kry kort nadat ek Kovid-19 gehad het? A: Nee. Enigiemand wat Kovid-19 gehad het moet ten minste 30 dae wag nadat hulle simptome verby is. V: Ek het Kovid-19-simp tome. Is dit veilig om inge ënt te word?A: Nee. Jy moenie die entstof kry as Kovid-19-simptome toon nie. Laat jou eerder toets. V: Kan ek die tweede dosis van die Pfizer-entstof vroeër kry as die 42 dae na my eerste inenting?A: Nee. Jy kan die tweede dosis eers 42 dae na die eerste een kry. V: Moet ek ingeënt word as ek herstel het van Kovid19? Kan my liggaam nie die siekte op sy eie beveg son der die newe-effekte van die entstof nie?A: Daar is bewyse wat toon dat die liggaam se reaksie wanneer jy siek is weens Kovid-19, baie swakker en korter is as die reaksie op die entstof. Deur die entstof te kry, gee dit jou ʼn baie sterker en langdurige immuunreak sie. Die newe-effekte van die entstof is matig en hou nie langer as ʼn dag of twee aan nie, terwyl jy kan hospitaal toe gaan of sterf as jy Kovid-19 opdoen. V: Kan mense met chro niese siektes, soos hoë bloeddruk, die entstof kry?A: Mense met chroniese siektes loop ʼn groter risiko om ernstige Kovid-19 te kry. Hulle sal dus die meeste daarby baat om die entstof te kry. V: As ek voorheen ʼn aller giese reaksie teenoor medi kasie of ʼn entstof getoon het, moet ek die entstof kry? A: Enigeen met ʼn geskie denis van allergiese reaksies teenoor ander entstowwe of medikasie, behoort eers met hulle gesondheidspraktisyn te praat. V: Hoe gevaarlik is ʼn allergiese reaksie teen die entstof?A: Ernstige allergiese reaksies kom selde voor. ʼn Allergiese reaksie kom gewoonlik binne sekondes of minute voor nadat die entstof toegedien is. Dit is hoekom almal 15 minute in die waarnemingsarea moet wag nadat hulle die entstof gekry het. V: Is dit veilig om die ent stof te kry as ek allergies vir eiers is?A: Ja. Nie een van die Kovid-19-entstowwe bevat enige eierproteïene nie. V: Ek het gehoor van oumense wat kort nadat hulle die entstof ontvang het, gesterf het. Is die ent stof veilig vir bejaardes?A: Die entstof is veilig en hoogs doeltreffend in die voorkoming van ernstige Kovid-19-siekte en sterfte. Deur die gebruik van die ent stof sien ons ʼn groot afname in Kovid-19-sterftes by bejaardes in verskeie lande. V: Waarom kry sommige mense nog steeds Kovid19 binne twee weke nadat hulle die entstof gekry het?A: Jy is eers 30 dae nadat jy die Johnson & Johnsonentstof gekry het, ten volle ingeënt, of twee weke na die tweede dosis van die Pfizerentstof. As jy aan die virus blootgestel word voordat jy ten volle ingeënt is, kan jy die siekte kry. V: Voorkom die entstof heeltemal dat jy Kovid-19 kry?A: Nee. Selfs nadat jy ten volle ingeënt is, kan jy nog steeds Kovid-19 kry. Die entstof verminder egter die risiko van ernstige Kovid19-infeksie, hospitalisasie en sterfte. Besoek https://sacoronavirus.co.za vir meer inligting
2021-10-ed1
afr
129
Gewone hut in ’n luukse spa omskep
Nonkululeko Mathebula
Thaini, wat in Botshabelo in die Vrystaat gebore is, se on derneming, Victory Body and Nail Studio, groei met rasse skrede en lok mense op soek na vertroeteling van regoor die streek. Die 28-jarigeThaini vertel dat sy reeds op 19-jarige ou derdom Tupperware begin verkoop het, dat sy nog altyd passievol daaroor gevoel het om haar eie onderneming te kan bestuur, en dat sy bly is dat sy hierdie pad ingeslaan het. “Ek het aanvanklik begin deur vir iemand anders in die bedryf te werk en dit is waar ek ervaring opgedoen het,” sê sy, en vertel verder dat sy kos metologie aan die Bloemfon teinse Motheo TBOO-kollege studeer het. ’n Ruk later was sy gereed om haar eie onderneming te begin, en sy het nog nooit weer teruggekyk nie. Haar onder neming vul ’n markleemte in Botshabelo en sy spog met ’n groeiende en lojale kliënteba -sis. Manikure, pedikure, mas serings, waksbehandelings en gesigsbehandelings word aangebied. Foto’s van haar pragtige spa-in-’n-hut wat sy onlangs op sosiale media gedeel het, was ’n internet-sensasie, met talle mense wat Masakane se innovering loof en sê dat sy ’n inspirasie vir township-mei sies is Die spa word gehuisves in ’n blink, nuwe sinkhut wat maar bra ordinêr van buite af lyk, maar dit spog met ’n luukse interieur wat volmaak is vir spa-bederfsessies. “Die reaksie wat ek gekry het, is ongeloof lik. Ek is steeds verstom en geskok. Ek voel regtig geëerd deur die positiewe ondersteu ning wat ek van my gemeens kap en selfs mense van buite die Vrystaat ontvang.”Masakane is ’n weeskind en is deur haar tannie grootgemaak, wat ‘n pluimvee-onderneming besit het en ook lekkergoed, koeke en grondboontjies verkoop het: ’n duidelike te ken dat entrepreneurskap ‘n familie-kenmerk is. “My uiteindelike droom is om my onderneming te sien groei tot ’n sakeryk wat werks geleenthede vir werklose men se sal skep en aan jongmense hoop kan gee wat jy enigiets in die lewe kan bereik, mits jy daarop fokus en hard werk,” sê Masakane. Sy fokus nou daarop om haar onderneming te laat groei deur meer opleiding te kry sodat sy die verskeidenheid dienste wat sy aanbied, kan uitbrei.
2018-10-ed1
afr
37
Die heropbou van lewens en lewensbestaan na die vloede
Vukuzenzele Unnamed
Ek het onlangs besoek afgelê by eThekwini in KwaZulu-Natal om sakelui in die stad te ontmoet om ondersteuning te bied aan hulle pogings om weer op die been te kom. Toe dié natuurramp hulle getref het, was daar besorgdheid dat die owerhede nie die kapasiteit of die wil het om doeltreffend en gepas te reageer op die verskriklike situasie waarin die mense wat alles verloor het, hulle bevind nie. Na my tweede besoek aan die stad sedert die oorstro mings plaasgevind het, is ek oortuig dat die besorgdheid misplaas was. In KwaZulu-Natal, so ook in die Oos-Kaap en Noordwes, is alle belanghebbendes hard aan die werk om van dié tragiese gebeure te herstel. Die Nasionale Rampbestuursentrum het sedertdien alle aspekte van die rege ring gekoördineer in hulle poging om humanitêre hulp te verleen aan die talle huishoudings wat geraak is. Dit was ʼn plesier om te sien hoe die nieregerings organisasie-gemeenskap, sakegemeenskap en noodlenigingsorganisasies by die regering aansluit om die broodnodige bystand te verleen. Al dié belanghebbendes het voedsel, klere, kom berse, waardigheidspakkies en skooluniforms aan kwesbare gesinne verskaf om in hulle basiese behoeftes te voorsien. Skuiling word tans voorsien aan meer as 7 000 mense in die vier distrikte in KwaZulu-Natal wat die meeste geraak word. Bouwerk aan tydelike wonings vir die geaffekteerde gesinne het begin en staatsgrond en grond is in KwaZulu-Natal geïdentifiseer vir moontlike hervestiging. Die Departement van Binnelandse Sake, asook die Departement van Gesondheid en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die geaffekteerde gemeenskappe gehelp om toegang tot belangrike dienste te kry. Byvoorbeeld, mobiele eenhede help diegene wat kritiese dokumentasie in die oorstromings verloor het, om nuwe slim ID’s te kry en om geboortesertifikate weer uit te reik. Mobiele gesondheidsdienste, insluitend KOVID-19-inentings, word voorsien aan mense in gebiede waar die fisiese aktiwiteite nog nie ten volle operasioneel is nie. Meganismes is in plek gestel om die maatskaplike toelae aan die betrokke individue uit te betaal. Mobiele klaskamers word verkry sodat onderrig en leer nie langer as wat nodig is in die vloedgeteisterde skole onderbreek word nie. Herstelwerk vind tans aan rioolwaterwerke, pompstasies en retikulering plaas. Paaie wat beskadig is, word herstel. Daar word agtien nuwe brûe beplan as deel van die Welisizwe landelike brugprogram. Daar is ook aansienlike vordering gemaak in die herstel van sleutelinfrastruktuur wat aan die Durbanse hawe ondersteuning bied. Gegewe die belangrikheid van die hawe vir die nasionale en kontinentale ekonomie, is haweverkeer herstel, terminaalaktiwiteit weer op vol kapasiteit en herstelwerk aan die beskadigde spoorinfrastruktuur is aan die gang. Bykomende maatreëls word ook in plek gestel om finansiële ondersteuning te bied aan sowel groot as klein sakeondernemings wat in die nood is. Dit is dringend nodig sodat besighede in bedryf kan bly en poste behou word. Ons is al op verskillende stadiums in die geskiedenis van ons demokrasie gekonfronteer met gebeure en omstandighede wat die deursettingsvermoë van ons mense en die doeltreffendheid van ons instellings tot die uiterste beproef het. Ons het buitengewone meelewendheid en ondersteuning aan die geaffekteerde gemeenskappe in KwaZulu-Natal, die OosKaap en Noordwes gesien. Munisipale en provinsiale regerings werk nou saam met nasionale departemente en agentskappe om mense in staat te stel om hulle lewens weer op te bou en die plaaslike ekonomie weer aan die gang te kry. Hulle het saam met al die rolspelers in al dié gebiede gewerk om seker te maak dat ons die herstelpogings doeltreffend koördineer en dat ons op ʼn wyse beplan en herbou wat meer veerkragtig is in die geval van sodanige uiterste gebeure in die toekoms. Die wilskrag van die geaffekteerde gemeenskappe, hulle vasberadenheid om te slaag en hulle vermoë om saam te staan in krisistye, is ʼn inspirasie. Ons salueer almal wat deel was van die poging om die mense in die geaffekteerde provinsies te help. As regering mobiliseer ons al die beskikbare hulp bronne en doen ons alles in ons vermoë om seker te maak dat, soos ons besig is om te herbou, niemand agtergelaat word nie.
2022-06-ed1
afr
157
null
null
2022-10-ed1
afr
176
2018 Sentrale Aansoekklaringskantoor (SAKK)
vukuzenzele unnamed
Die Sentrale Aansoekklaringskantoor, wat SAKK (CACH in Engels) genoem word, is 'n tydelike maatreël wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ingestel is om voornemende studente te help wat die Naskoolse Onderwys- en Opleidingstelsel (NOOS) wil betree, maar dalk in die posisie is waar hulle: Betyds by die instansie van hulle keuse aansoek gedoen het, maar hulle aansoek is afgekeur en dit is nou te laat om elders aansoek te doen. Voornemende aansoekers wat nie aansoek gedoen het nie omdat hulle weens hulle Graad 11-uitslae nie aan die toegangsvereistes voldoen het nie, maar dat hulle Graad 12-uitslae wel aan die toegangsvereistes voldoen. Om een of ander rede nie betyds aansoek gedoen het nie of glad nie aansoek gedoen het nie. Geen idee het wat om na matriek te studeer nie. ʼn Idee het wat om na matriek te studeer, maar nie seker is of die studiekeuse die regte loopbaan vir hulle is nie. Dienste wat deur die SAKK gebied word Aansoeke vir NOOS-leergeleenthede, bv by universiteite, universiteite van tegnologie, tegniese- en beroepsonderwys en opleidingskolleges (TVET) en sektoronderwys- en opleidingsowerhede (SETAS). Inligting oor finansiële steun (NSFH). Loopbaanontwikkelingsdienste (voorligting, inligting, raad en loopbaanbeplanning/-inligting oor befondsings- en finansieringsopsies). Steun vir ambagsmanne (Nasionale Ontwikkelingsentrum vir Ambagsmanne). Die SAKK se dienste begin op 3 Januarie 2018, kort voordat die NSS-eksamenuitslae vrygestel word en sal tot aan die einde van Februarie 2018 beskikbaar wees. Hoe werk die SAKK? Fase 1: Studente wat nie toelating gekry het tot die instansies waar hulle aansoek gedoen het nie, of wat op soek is na NOOS- leergeleenthede, kan die SAKK kontak deur hul tolvrye nommer (0800 356 635), die webtuiste (www.dhet.gov.za) of deur ʼn standaard SMS (SMS naam en ID na 49200) of hulle kan aanlyn registreer. Studente kan ook hul Facebook-blad, wat CACH_SA is, besoek vir meer inligting. Fase 2: ’n Agent sal die voornemende student kosteloos terugskakel vanaf die kontaksentrum en alle versoekte besonderhede op die SAKK-databasis aanteken. Dit sal die aansoeker se gekose studierigting en die provinsie waar hy of sy wil studeer, aandui. Fase 3: Die aansoeker se persoonlike besonderhede en matriekuitslae sal bevestig word en outomaties aan hoër onderwysinstansies vir moontlike toegang en plasing, gestuur word. Fase 4: Die SAKK-diens sal die leerder se inligting nagaan en aan die instansies wat plek beskikbaar het, stuur. Instansies waar daar plek is en waar aansoekers aan die vereistes voldoen, sal aansoekers dan direk kontak. Neem kennis Die SAKK kan nie aan enige aansoeker toelating om te studeer waarborg nie. Die SAKK kan nie bepaal wanneer die instansies die aansoeker vir moontlike plasing sal kontak nie. Hoe help die SAKK aansoekers wat nie seker is wat hulle wil studeer nie of diegene wat nie aan die vereistes voldoen om die NOOS-stelsel te betree nie? Die SAKK-diens werk ook saam met die Nasionale Loopbaanontwikkelingsdienste (CDS in Engels) wat help om omvattende loopbaaninligting en raad oor die volgende te verskaf: Loopbane en leerbane Vakkeuse Inligting oor hereksamens Matriekopgradering Studiegeleenthede wat deur die NOOS- stelsel aangebied word Befondsings- en finansieringsopsies (NSFH-inligting) Inligting oor aansoekprosesse en sluitingsdatums Aansoek- en registrasiedatums in die tweede semester. Enigiemand wat in die dienste wat deur die CDS gebied word belangstel, kan die CDS-hulplyn deur die volgende kanale kontak: SMS jou vraag of stuur ʼn ‘please call me’ na 072 204 5056, of Skakel 086 999 0123, ʼn oproepdeellyn, van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 vm. en 4:30 nm. Stuur ʼn e-pos aan careerhelp@dhet.gov.za Besoek ons kantoor by Francis Baardstraat 123, Pretoria. Besoek Facebook by www.facebook.com/careerhelp, of Besoek Twitter by www.twitter.com/rsacareerhelp. Befondsingsgeleenthede deur die regering Daar is verskillende befondsingsgeleenthede beskikbaar vir studie by hoëronderwys- instansies, aangebied deur: die Funza Lushaka Beursskema, die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFH), die Plattelandse Onderwystoegangsprogram, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Departement van Gesondheid. Wie behoort aansoek te doen vir finansiële steun? Suid-Afrikaanse leerders wat by hoëronderwysinstansies wil studeer word uitgenooi om die finansiële steunkantoor by die instansie van hulle keuse te besoek.
2018-01-ed1
afr
1
Bou ʼn nasie wat omgee vir kinders
Vukuzenzele unnamed
Enock is nie die enigste kind wat sy lewe verloor het in omstandighede wat voorkom kon word as volwassenes die nodige voorsorgmaatreëls ge-tref en verantwoordelikheid geneem het. Dit laat ʼn mens dink aan ʼn ander 13-jarige kind, Keamohetswe Shaun Seboko, wat onlangs in ʼn Magaliesburgse laerskool se swembad verdrink het, en die twee kinders wat by Laerskool Lekgolo in Limpopo oorlede is toe ʼn trok in ʼn muur vasgery het wat op hulle geval het. ʼn Mens dink ook aan die talle kinders, soos sesjarige Nathlia Pienaar, wat in die kruisvuur van ’n bende-oorlog op die Kaapse Vlakte gesterf het. Ons onthou ook die tragiese dood van Michael Komape en Lumka Mkethwa wat dood is toe hulle in puttoilette geval het. Dit was heeltemal onnodig dat al hierdie jongmense, en baie ander, hul lewens ver-loor het. Al dié tragedies kon voorkom word as die nodige maatreëls om die kinders se veiligheid te verseker, getref was. Dit lyk vir my asof ons, as ʼn samelewing, ons kinders in die steek laat. Te veel kinders bevind hul-self in gevaarlike situasies, hetsy op ʼn tydelike vlot op ʼn rivier of alleen in ʼn gehuggie met ʼn paraffienlamp. Ons kinders se lewens word in gevaar gestel wanneer kon-trakteurs opgrawings onbeskerm laat, skoolinfrastruk-tuur nie onderhou word nie, of skoolvervoer oorlaai word. Daar kom egter nog meer nalatigheid en verwaarlosing voor. Baie kinders word deur seksuele prooisoe-kers, kriminele bendes en dwelmverkopers geteiken, juis omdat hulle kwesbaar is. As ʼn samelewing, moet ons meer toegewyd wees en aktief betrokke wees by die beskerming van ons kinders teen dié en ander gevare. Ons moet gesamentlik ʼn verantwoordelikheidskultuur opbou. Ons moet vir onsself, ons kinders en ander verantwoor-delikheid aanvaar. Ons moet verseker dat ons kinders in ʼn veilige, versorgende en stimulerende omgewing kan grootword; ons moet ook be-sef dat dit ons plig is om almal wat ons ken en die mense met wie ons omgaan, te beskerm en versorg. Ons moet ook hierdie ver-pligting op ons land se paaie voel. Ons verwelkom die afname in padsterftes oor die feesseisoen, maar die aaklige werklikheid is dat meer as 1 600 mense in net ʼn maand en ʼn half op ons paaie gesterf het. Dit is kommerwekkend dat meer as 9 000 motoriste vir oortredings, insluitend dronk-bestuur, oorskryding van die spoedgrens en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is. ʼn Verantwoorde-likheidskultuur beteken dat ons almal die verkeersreëls moet nakom en voetgangers en ander padgebruikers se regte moet respekteer. ʼn Verantwoordelikheids-kultuur beteken dat pa’s by hulle kinders se lewe ns betrokke moet wees. Te veel vroue moet hulle kinders alleen grootmaak, wat dikwels hulle en hul kinders se moontlikhede beperk. ʼn Verantwoordelikheidskultuur beteken ook dat ons veilige seks moet hê en nie onsself of ander aan MIV moet blootstel nie. Ons moenie alkohol en dwelms misbruik nie. Ons moet gesonde lewens leef sodat ons siektes wat grootliks voorkombaar is kan vermy en langer kan leef. Sodanige kultuur behoort veral deur diegene in posisies van gesag en invloed, hetsy godsdienstige leiers of politici, tradisionele leiers of beroemdes, omarm te word. Hulle behoort, deur hulle woorde en dade, daarna te streef om ʼn beter samelewing te skep waarin almal waardeer en versorg word. Dit is verkose amptenare en staatsamptenare se ver-antwoordelikheid om die veiligheid en welstand van burgers te verseker. Hulle moet seker maak dat daar voldoende en veilige skoolinfrastruktuur is. Hulle moet vinnig optree wanneer daar ʼn onderbreking in watertoevoer in gemeenskappe is of wanneer foutiewe straatligte aangemeld word. Hulle moet seker maak dat gesondheidsen veiligheidsregulasies toegepas word en dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word. Ons moes soms uitermatige stappe neem, bykomend tot die werk wat steeds regoor die regering — op alle vlakke — gedoen word, om uiting te gee aan dié verantwoordelikheid. Ons het, as antwoord op die kinders wat gesterf het of seergekry het toe hulle in puttoilette geval het, die SAFE-inisiatief geloods om die voorsiening van behoorlike toilette aan alle skole in die land, te bespoedig. Ons het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag na dele van Kaapstad ontplooi om die polisie in hul pogings om bendegeweld te verminder, te ondersteun. Ons het, meer onlangs en saam met die burgerlike gemeenskap, ʼn noodreaksieplan geloods om geweld teen vroue en kinders te beëindig. Dit is egter duidelik dat daar baie meer is wat ons, as regering en samelewing, moet doen. Ons prys die individue en organisasies wat die verantwoordelikheid vir ander se welstand op hulself neem. Daar is mense soos Ralph Bouwers en Mark Nicholson, wat ontspanningsaktiwiteite vir jongmense in Lavender Hill in Kaapstad reël om te verhoed dat hulle na die bendewêreld terugkeer. Daar is moeders, susters en dogters wat as vrywilligers diens doen by Operation Bobbi Bear, ʼn organisasie in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal wat toevlug aan mishandelde kinders bied. Daar is talle geloofsgebaseerde groepe, soos die Konferensie van Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe, met wie ek vergader het, wat my vertel het van die werk wat hulle doen in antwoord op die armes se behoeftes, om gesinne te ondersteun om meer om te gee en versorgend te wees en ook om jong mense te help om die talle uitdagings wat hulle in die gesig staar, te hanteer. Dié Suid-Afrikaners wys vir ons die weg. Hulle herinner ons, deur hul voorbeeld, wat dit beteken om verantwoordelikheid vir onsself en ander te neem. Ons land het heeltemal te veel tragedies ervaar. Te veel jongmense is oorlede, te veel kinders het seergekry en is getraumatiseer. Ons kan hierdie tragedies beëindig as ons almal, ieder en elk van ons, die verant-woordelikheid neem om die kinders in ons wonderlike Suid-Afrikaanse gemeenskap, te help grootmaak.
2020-02-ed2
afr
52
Spesiale tribunaal toon dat misdaad nie lonend is nie
Allison Cooper
Maar die arm van die gereg is lank. Diegene wat by die Staat gesteel het, glo dalk dat hulle daarmee weggekom het, maar hulle dade sal hulle uiteindelik inhaal; ongeag wie hulle is en watter poste hulle beklee. Hulle sal leer dat misdaad nie lonend is nie. Een van ons doeltreffend ste wapens in die stryd teen korrupsie en staatskaping in dié opsig is die spesiale tribunaal van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) wat in 2019 van stapel gestuur is. Hulle beoordeel sake deur die SOE vir siviele regsgeding ingestel nadat laasgenoemde hul ondersoeke afgehandel het. Die spesiale tribunaal is opgestel om regsgedinge te bespoedig. Dié benadering het dit moontlik gemaak om staatsfondse en -bates wat tydens korrupsie verlore gegaan het, gouer terug te kry en vermy vertragings in hooggeregs howe waar die SOE saam met ander gedingvoerders hul beurt moet afwag. Die SOE kan reddingsbevele en die vries van bates versoek om verdere verliese vir die Staat te voorkom. Dit is van belang, aangesien oortreders wat onder verdenking staan dikwels groot moeite doen om hul korrupsie-gewin rond te skuif, weg te steek of daarvan ontslae te raak. Die spesiale tribunaal het onbetwyfeld die spel verander. Die tribunaal het sedert hul stigting ongeveer R8.6 miljard vanuit onwettige kontrakte teruggekry. Die vervolging van oortreders is nie genoeg-saam vir die stryd teen korrupsie om as doeltref fend beskou te word nie. Die opbrengste van hul misdade moet teruggekry word. Dié geld behoort aan burgers en behoort gebruik te word om aan hul behoeftes te voorsien. Die spesiale tribunaal het onlangs twee konstruksiemaatskappye beveel om die winste wat hulle verdien het vanuit R40 miljoen in kontrakte om die Beitbrug-grensheining te bou, terug te gee. Dit was na aanleiding van ʼn SOE-ondersoek wat ʼn aantal ongerymdhede ontbloot het, waaronder ʼn voorafbetaling aan die maatskappye deur die departement van openbare werke en infrastruktuur. Die tribunaal het in net die afgelope paar weke onreëlmatige en onwettige kontrakte na aanleiding van KOVID-verwante verkryging ter waarde van meer as R100 miljoen hersien en tersyde gestel. Die spesiale tribunaal het ook sukses behaal en geld teruggekry by senior uitvoerende beamptes in ondernemings in staatsbesit wat by onreëlmatige sake-aktiwiteite betrokke was. Byvoorbeeld, ʼn voormalige uitvoerende beampte van Transnet is beveel om R26 miljoen te betaal wat hy ontvang het as aandeelhouer van ʼn konsultant-ingenieursfirma wat aan Transnet gekontrakteer was terwyl hy ʼn voltydse werknemer was. Die SOE het die tribunaal in etlike sake genader om die betaling van pensioenvoordele aan staatsamptenare wat by finansiële ongerymdhede of nuttelose en verkwistende besteding verwikkel is, te vertraag hangende die uitslag van hul ondersoeke. Die sake voor die spesiale tribunaal dui aan dat baie werk steeds gedoen moet word om leiding en bestuur regoor alle takke van die Staat te versterk. Dit dui op ernstige foute deur die rekenpligtige beamptes en ʼn versuim om aan die wette en regulasies wat verkryging omskryf, te voldoen. Ek het voorheen gesê dat dit moeilik sal wees om die oorlog teen korrupsie te wen en dat dit tyd sal neem om die ontsaglike, verskanste webbe van beskermheerskap los te torring. Ek hou steeds vol dat ons net so hard teen korrup sie in die privaatsektor moet baklei, want vir elke staatsamptenaar wat bereid is om omkoopgeld te ontvang, is daar ʼn sakepersoon wat bereid is om omkoopgeld te betaal. Dié korrupte verhoudings het die kapasiteit van Staat om hul mandate te lewer, verweer. Dit het die Staat se pogings om behoorlike gesondheidsorg te verskaf, skoon water te lewer en ʼn deurlopende kragvoorraad vir gemeenskappe en ondernemings te verseker, vertraag. Ons is egter, soos wat die spesiale tribunaal gedemonstreer het, besig om stadig maar seker die deurslag te gee. Oortreders word nie net in hegtenis geneem en verskyn voor die hof nie – hulle moet ook die opbrengs van hul misdade verbeur. Daar is steeds ʼn lang pad vorentoe en daar is ʼn enorme bedrag gesteelde staatsfondse wat nog teruggekry moet word, maar die SOE en die spesiale tribunaal het ʼn goeie wegspring gehad en ek is vol vertroue dat daar baie meer sukses in die komende maande en jare behaal sal word.
2022-04-ed1
afr
149
Maak seker dat jy ʼn testament het!
vukuzenzele unnamed
Indien ʼn persoon sterf sonder om ʼn testament op te stel, sal die bates in hul besit volgens die bepalings van die Wet op Intestate Erfop volging verdeel word onder die mense wat dit regmatig moet erf. Die Wet sit reëls uiteen waarvolgens die boedel verdeel moet word. Dit gaan eerstens na naasbestaandes, in ʼn spesifieke volgorde. • As jy slegs ʼn gade agter laat, erf hy of sy die hele boedel. • As jy nie ʼn gade het nie en slegs kinders agterlaat, erf hulle die boedel in gelyke dele. • As jy ʼn gade en kinders agterlaat, erf die gade óf ʼn kinderdeel óf R250 000 — watter bedrag ook al die meeste is — en die res word onder die kinders verdeel. Byvoorbeeld, as die boedel R2 miljoen werd is en die oorledene ʼn gade en drie kinders agterlaat, beslaan ʼn kin derdeel R500 000. Dié kinderdeel word bereken deur die waarde van die boedel deur vier te deel. • Indien jy nie ʼn gade of kinders het nie, maar beide jou ouers leef nog, erf hulle die boedel in ge lyke dele. Indien een ouer reeds afgestorwe is, maar sibbe het wat nog leef, erf hulle die gestorwe ouer se helfte; en die ouer wat nog leef, erf die ander helfte van die boedel. • Indien beide die oorlede ne se ouers reeds oorlede is, maar hulle nasate het, word die boedel gelykweg onder dié nasate verdeel. • Indien die oorledene nie ʼn gade, nasate, ouers of ouers se nasate agterlaat nie, erf die naaste bloed verwant die hele boedel. • Laastens, indien die oor ledene nie enige bloed verwante agterlaat nie, ontvang die staat die op -brengste van die boedel. Bykomend tot bogenoemde kan ʼn kind wat buite die eg gebore is van beide bloed verwante erf; en ʼn aangenome kind word beskou as ʼn nasaat van sy of haar aangenome ouer of ouers. Wanneer is ʼn testa ment geldig? ʼn Testament is slegs geldig indien dit opgestel is deur ʼn persoon van 16 jaar of ouer en moet voorts ook aan die volgende vereistes voldoen: • Dit moet geskrewe wees, en jou handtekening moet op elke bladsy asook aan die einde van die doku ment verskyn. • Dit moet geteken word deur twee of meer bevoeg de persone. Enige persoon van 14 jaar of ouer kan as getuie dien. ʼn Erfgenaam kan egter nie as getuie dien nie. • Jy moet volledige inlig ting oor jou bates verskaf en aandui watter persone watter bates moet ont vang, met die volledige name en inligting van die begunstigdes. • Jy moet ʼn persoon nomi neer om jou boedel te be redder (die boedelbered deraar). Hierdie persoon kan nie ʼn erfgenaam wees nie. • Jy moet aandui wat met ʼn minderjarige erfgenaam se erflating moet gebeur. • Indien jy die alleenvoog van ʼn minderjarige kind is, moet jy aandui wie as die kind se nuwe voog aangestel moet word. • Jy moet seker maak dat die oorspronklike, gete kende testament veilig bewaar word, aangesien ʼn afskrif nie geldig is nie. Inligting verskaf deur die Kantoor van die Ombud van Finansiële Dienste verskaffers as lid van die Nasionale Komitee vir die Finansiële Onderrig van Verbruikers.
2021-10-ed2
afr
130
Verbeterde belastinginvordering ondersteun herstel en groei
Vukuzenzele Unnamed
Dit is ʼn 25% verbetering teenoor die vorige jaar en ʼn 15% toename teenoor die laaste jaar voor die KOVID19-pandemie. SAID het ook oor dieselfde tydperk die hoogste bedrag in belastingterugbetalings uitbetaal sedert hy 25 jaar gelede tot stand gekom het. ʼn Bekwame belastinginvorderingsagentskap is die grondslag van ʼn bekwame staat. Inkomstebelasting versnel ons nasie se ontwikkeling. Die geld wat deur SAID ingevorder word, finansier dienslewering en infrastruktuur. Ons was, deur middel van die R17,8 biljoen wat SAID ingevorder het sedert sy totstandkoming in 1997, in staat om meer maatskaplike infrastruktuur te bou soos klinieke, skole en hospitale; paaie op te gradeer en nuwe paaie te bou, en om die samelewing se mees kwesbare mense te ondersteun deur middel van toelae en ander maatreëls. Wanneer invorderingstel sels van inkomstebelasting en die ondersteunende wetgewing effektief, ongekompliseerd en billik is, dien dit as aansporing vir groter voldoening. Die herstel van stabiliteit en geloofwaardigheid in SAID was een van my eerste prioriteite toe ek in 2018 as president verkies is. SAID het, soos ʼn aantal van die ander sleutelinstellings, ook deurgeloop onder die slegte gevolge van staatskaping, waar politieke inmengery, wanbestuur en ander faktore sy doeltref fendheid ernstig benadeel het. Dit het nie net die belastingbetaler se moreel ernstig geknou nie, maar ook ʼn verlies aan sakevertroue in die organisasie tot gevolg gehad. Ek het in 2018 ʼn kommissie van ondersoek na belastingadministrasie en -regering by SAID aangestel onder voorsitterskap van die afgetrede regter Robert Nugent. Die kommissie het sy finale verslag teen die einde van dieselfde jaar ingedien. SAID het vier jaar later byna al 16 aanbevelings en 27 subaanbevelings van die kommissie geïmplementeer om stabiliteit in die organisasie te herstel. SAID het ʼn gefokusde omkeerstrategie aangedryf om homself aan die voorpunt van doeltreffendheid en diensuitnemendheid te posisioneer. Hy het ʼn gekombineerde program om belastingmoraliteit en -voldoening te bevorder. Die huidige hoë kommoditeitspryse wat verhoogde inkomste uit korporatiewe inkomstebelasting tot gevolg het, het bygedra tot die jongste inkomstebelastingmeevaller. Die stappe wat SAID gedoen het om sy informasietegnologie en ander infrastruktuur te verbeter, doeane te moderniseer, vaardige personeel te werf en belastingontduiking en kriminele aktiwiteit te bekamp, het ook ʼn rol gespeel. Een van die Nugent-kommissie se aanbevelings was dat SAID sy kapasiteit om onwettige handel te monitor en te ondersoek, herinstel. Die eenheid wat onwettige ekonomie ondersoek wat in 2018 heringestel is, het ʼn paar suksesse behaal in die bekamping van onwettige ekonomiese handel, insluitend deur te fokus op nievoldoening aan doeanevereistes. Belastinginvordering van maatskappye wat op die JEB gelys is, multinasionale maatskappye en hoë-nettowaarde-individue, word nou meer doeltreffend bestuur deur die eenheid vir groot besighede wat in 2020 hervestig is. ʼn Gevolg van SAID se omkeer is die verbeterde voldoening in persoonlike inkomstebelasting, korporatiewe inkomstebelasting en Pay as You Earn. SAID is besig om die wind uit die seile van belastingontduikers, begunstigdes van inkomste uit misdaad en diegene wat by korrupte aktiwiteite betrokke is, te neem. Dit is alombekend dat ‘die belastinggaarder’ een van die doeltreffendste instrumente is om korrupsie te bekamp. SAID het, in gevalle waar individue se lewenstyle nie ooreenstem met wat hulle verklaar nie, leefstyloudits uitgevoer. SAID het, in die laaste jaar, leefstyloudits voltooi wat die invordering van ʼn verdere R474 miljoen tot gevolg gehad het. Soos ons met die pogings voortbeur om die kapasiteit van die staat te versterk en instellings te herbou wat sistematies deur staatskaping verswak is, het ons baie om te leer uit dit wat SAID in ʼn relatief kort tydjie bereik het. As staatsinstellings goed bestuur word en doeltref fend funksioneer, as hulle geloofwaardigheid en billikheid in hulle sake demonstreer, dra dit by tot verhoogde vlakke van vertroue in die regering. Sakeen beleggersvertroue verbeter ook, wat groter beleggings en ekonomiese groei aanmoedig. Die leierskap en personeel van SAID moet gelukgewens word met hulle prestasie. Dank moet aan die lojale Suid-Afrikaanse belastingbetalers gaan. Sonder hulle samewerking sou die jongste inkomste nie moontlik wees nie. Dat SAID die belastingbasis met 1,8 miljoen nuwe registrasies oor die afgelope jaar kon uitbrei, is nog ʼn uitstaande prestasie. Ons kan Suid-Afrika net herbou as ons voortgaan om dié gedeelde verpligting na te kom en as ons die werk waarmee ons besig is verskerp, om te verseker dat dié belastinggeld wyslik en doeltreffend aangewend word.
2022-04-ed2
afr
151
Ons vier internasionale Down-sindroomdag
Kgaogelo Letsebe
Down-sindroom (DS) is ’n chromosale afwyking wat tydens bevrugting ontstaan. ’n Mediese praktisyn in Mpumalanga, Dr Midah Maluleka, verduidelik: “Daar is ’n ekstra nommer 21 chromosoom (Trisomie 21) wat vertragings in fisiese en intellektuele ontwikkeling veroorsaak. Daar is geen definitiewe oorsaak van hierdie afwyking nie. Daar is bewys dat dit geensins verband hou met ouderdom, sosio-ekonomiese status, ras of geloof nie. Dit is ook nie oorerflik nie.” Maleluka voeg by dat Down-sindroom die mees algemene chromosomale afwyking onder pasgebore babas is. “Een uit elke 1 000 babas wat in eerstewêreld lande gebore word, met een uit elke 650 babas in ontwikkelende lande soos ons, word geraak. Minstens 80% van alle babas wat deur DS geraak word, se ma’s is jonger as 35, ten spyte van die algemene persepsie dat vrouens bó die ouderdom van 35 ’n groter risiko het om ’n kind met Down-sindroom te hê.”Sy sê dat omdat die af wyking reeds vanaf bev rugting opgespoor kan word, is daar sekere tekens waarvoor 'n mens op die uitkyk kan wees. “In die vroeë stadium van swangerskap word ’n 12tot 13-week ultrasoniese skan dering aanbeveel. Tydens hierdie prosedure word daar ’n akkurate meting geneem van die nekvel van die fetus, genaamd nekkuil-transluse nsie (“nuchal translucency”). Dit is dikwels dikker in babas met Down-sindroom. “Nog 'n voorgeboortelike toets is ’n amniosintese. Dit is wanneer klein hoeveelhede amniotiese vloeistof verwy der en vir chromosoom-ana lise gestuur word. Hierdie toets is ongeveer 98% ak kuraat om Down-sindroom te diagnoseer.” Maluleka sê dat kinders met Down-sindroom in staat is om sinvolle, gesonde en lang lewens te kan lei. "Alhoewel Down-sindroom nie genees kan word nie, kan mense met Down-sindroom voordeel trek uit ’n liefdevolle tuisomgew ing, die korrekte mediese versorging, vroeë intervensie asook opvoedkundige en be roepsgerigte dienste. Danksy gevorderde mediese sorg het mense wat met Downsindroom gebore is vandag ’n lewensverwagting van ongeveer 55 jaar. Mense met Down-sindroom het die selfde emosies en behoeftes as enige ander persoon en verdien dieselfde geleent hede en sorg,” sê Maleluka. Noordwes-gebaseerde onderwyser Tshepo Kekana sê, “Nie alle studente met spesiale behoeftes hoef re mediërende en spesiale skole by te woon nie. Daar is sulke kinders wat hoofstroomskole kan bywoon. Met volgehoue leer, ondersteun ing en geduld kan hierdie studente floreer.”
2021-03-ed2
afr
103
'n Eer om die AU te lei
Vukuzenzele Unnamed
2021-02-ed2
afr
99
Voorkom brandwonde hierdie winter
Allison Cooper
l Moenie vure met sand bedek nie. Die sand behou die hitte vir ure. l Tap eers koue water in die bad en dan warm water. Toets altyd eers die badwater met jou elmboog.As jy ‘n brandwond deur vlam me opdoen, stop, gaan lê op die grond en rol om die vlamme te blus. “Hitte van ‘n vuur-, warmwaterof elektriese brandwond sal aanhou om die weefsel te brand lank nadat daar nie meer kontak is nie. “Stop die brandgevoel deur die liggaamsdeel vir 20 minute onder lopende koue water te hou. Moenie ys, yswater, bot-ter of enige oliegebaseerde produk op ‘n brandwond ge bruik nie,” sê dr. Dos Passos.
2021-07-ed1
afr
116
KGG bied toegang tot geregtigheid
Dale Hes
Die KGG kan hulle help met kwessies rakende kin deronderhoud, seksuele teistering, geslagsdiskrimi nasie en GGG en bied gratis regsadvies en -dienste aan slagoffers. Die kommissie se Mofihli Teleki sê dit is een van die KGG se take om slagoffers te help om hofsake aanhangig te maak. "Die regsdeparte ment vergesel klaers na land droshowe om huishoudelike geweldsake aanhangig te maak en om hulp te verleen met die invul van vorms. Die KGG speel ook ʼn moni teringsrol in sake, insluitend verkragting en seksuele oor tredings, seksuele teistering en vrouemoord. Die KGG kan ʼn slagoffer ook help om ʼn beskermings bevel te verkry en werk dik wels saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om te verseker dat die slagoffer ʼn regverdige verhoor kry. In dié geval voer die KGG ʼn waaksaamheidsopdrag uit en voer sy moniterings -funksie oor GGG-sake uit. Die kommissie ondersoek ook sleutelkwessies, soos onsensitiewe gedrag deur voorsittende beamptes, sekondêre viktimisasie van oorlewendes en onsensi tiewe kruisondervragings prosesse," verduidelik Teleki. Wanneer ʼn slagoffer sukkel om toegang tot geregtigheid in howe vir huishoudelike geweld te verkry, kan die KGG namens ʼn slagoffer optree en regsverteenwoor diging bied. Die kommis sie kan slagoffers ook vir sielkundige ondersteuning verwys. ʼn Noodsaaklike diensDie KGG het regdeur die in perkingstyd as 'n noodsaak like diens gefunksioneer. "Hoewel sommige hofsake as gevolg van die inper king herskeduleer is, sal dringende aangeleenthede rakende gesinsgeweld en GGG steeds aandag deur die regstelsel geniet," sê Teleki. Die KGG verseker dat die publiek se regte beskerm word. Suid-Afrika is 'n oop demokrasie, verbind tot fundamentele menseregte, insluitend die reg op gelyk heid en die inherente waar digheid van elke persoon, volgens die bepalings van die Grondwet.” Dien ʼn klagte inSlagoffers van GGG en mishandeling kan die KGG se tolvrye nommer by 0800 007 709 skakel om ʼn klag te registreer. Hulle kan ook ʼn boodskap stuur na die Facebookblad: Gender Commission of South Africa.
2020-10-ed1
afr
87
Jong boer ontvang COVID-19-steun
Silusapho Nyanda
Nomagcinandile Suduka (27) ontwikkel haar gesin se nalatenskap en welvaart deur in landbou te belê. Die eienaar van 4 U and 4 Me Primêre Koöperasie in die Mooiplaas-gemeenskap, het ondersteuning van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Koronavirus(COVID-19) verligtingsfonds vir haar eier-, veeen groenteplaas, ontvang. Die departement het R1.2 miljard se ontvangsbewyse aan behoeftige boere toegeken. Suduka sê dat haar ont vangsbewyse haar sal help om haar onderneming se eierproduksie te verbeter. "Ek het drie ontvangsbewyse van altesaam R19 000 ontvang. Dit sluit in ʼn ontvangsbewys van R12 000 om hoenders wat eiers lê, aan te koop, ʼn ontvangsbewys van R6 500 om voer te koop en ʼn R500-ontvangsbewys om medisyne te koop."Sy het haar eierboerdery begin deur haar gesin se tradisionele hoenders lêmeel te voer, wat hulle in staat stel om eiers te lê sonder om te paar. Haar 50 hoenders produseer nou 50 eiers per dag, wat sy weekliks verkoop. Suduka, wat ook met 73 bok ke, 25 skape en 25 koeie boer, het in 2015 begin boer nadat sy haar N6-sertifikaat vir Openbare Bestuur by Ikhala Oplei dingsen Beroepsonderwys en Opleidingskollege, verwerf het. Toe sy besef het dat daar nie baie werksgeleenthede is nie, het sy besluit om haar gesin se destydse bestaansboerdery oor te neem en dit in ʼn winsgewende onderneming te verander. Suduka sê: "Ons het met boerdery grootgeword; ek het dus nadat ek gegradueer het, besluit om te boer, eerder as om werk te soek." Dit was ʼn geïnspireerde be sluit, aangesien sy die aantal bokke en koeie vermeerder het. Suduka se groenteplaas van ses hektaar, lewer mielies, aartappels, ertjies en boontjies. Die mielies word op vier hektaar geplant, die aartappels op een hektaar en die ertjies en boontjies deel die laaste hektaar. Suduka het baie van COVID-19 geleer, veral dat haar beste bates haar hande en harde werk is. Nomagcinandile Suduka het haar gesin se bestaansboer dery in 'n klein besigheid omskep.
2020-07-ed2
afr
74
SANW veg saam teen KOVID-19
More Matshediso
Die SANW verskaf steun met massatoetsing, sifting en kon taknasporing onder plaaslike gemeenskappe en verleen ook hulp by hospitale. Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens is in die pro-vinsie ontplooi om die druk op gesondheidswerkers te verlig. ʼn Mediese taakgroep is by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Johannesburg gestasioneer. Die hospitaal is, met dié dat Gauteng tot dusver die hoog ste aantal KOVID-19-gevalle tydens die derde vlaag aangeteken het, as ʼn provinsiale gesondheidsfasiliteit verklaar en fokus nou hoofsaaklik op pa-siënte met KOVID-19.Die mediese taakgroep is eers as voorsorg teen die virus ingeënt voordat hulle hul pligte opgeneem het, terwyl hulle die stygende aantal positiewe gevalle en hospitaalopnames hanteer. Kolonel-kommandant Fezeka Mabona van die mediese taak groep, ook ʼn professionele verpleër, sê dat sy op grondvlak saam met die lede van die groep werk. “Die groep bestaan uit verskeie gesondheidsorgdeskundiges, waaronder verpleërs, dokters, kliniese medewerkers en beroepsgesondheiden beroeps veiligheidsdeskundiges,” sê sy. Die meerderheid van die verpleërs het verpleegkwalifikasies op graadvlak met verskillende spesi aliteitsvelde, waaronder primêre gesondheidsorg. “Sommige van die verpleërs is opgelei vir teaterdiens. Almal van ons het al as algemene verpleërs, vroedmeesters, verpleegop voeders en bestuurders in beide die militêre en die openbare gesondheidsorgstelsel gewerk,” voeg sy by.Die groep is opgedeel in taakspanne en werk saam met die hospitaalpersoneel in skofte wat deur die behoefte aan versorging by die fasiliteit bepaal word. Die span verskaf tans gesondheidsorg dienste in ses van die hospitaal se sale. “Die hoeveelheid hospitaal personeel is op die oomblik baie laag in vergelyking met die aantal KOVID-19-gevalle. Dit is baie belangrik dat ons poog om soveel as moontlik te doen om hulle te help sodat ons saam verdere druk op die gesondheidsorgstelsel kan vermy,” sê Mabona. Sy voeg by dat die spangees onder verpleërs van die SANW en die openbare gesondheid sorgstelsel sover positief is. Daar word, weens die styging in KOVID-19-gevalle verwag dat die hospitaal meer beddens sal ontvang om die kapasiteit van 96 hospitaalbeddens te verhoog en sodoende meer pasiënte te kan akkommodeer.
2021-08-ed1
afr
121
Werksyfers toon ons ekonomie is op pad na herstel
vukuzenzele unnamed
Dit is vererger deur ʼn verpletterende pandemie, onluste en pogings tot opstande in Julie 2021, en vroeër vanjaar, vloede wat verwoesting in dele van KwaZulu-Natal, die OosKaap en Noordwes gesaai het. Te midde hiervan was daar ook ʼn dreigende ener gie-krisis wat skade aan die ekonomie berokken en huishoudings en sake-on dernemings laat klippe kou het. Tog, selfs te midde van dié reuse uitdagings, het ons samelewing en ekonomie getoon dat dit hulle volhard en dít dui daarop dat ons ekonomie besig is om tekens van herstel te toon. Die nuutste indiensna mesyfers is veral gronde vir versigtige hoop. Statistieke Suid-Afrika het ʼn afname in die werkloos heidskoers vir die tweede kwartaal van 2021 getoon. Wat van belang is, is dat hul meting toon dat die werk like syfer van mense wat werk het ʼn noemenswaar dige styging getoon het van 14,5 miljoen mense in die vierde kwartaal van 2021 na 15,5 miljoen in die tweede kwartaal van 2022. Dit is ʼn bemoedigende toename in broodnodige werkskepping in die eerste helfte van dié jaar. Dié werkskepping het meestal plaasgevind in sektore soos gemeenskapsen maatskaplike dienste, handel, finansies en, merk baar, die boubedryf.Daar moet natuurlik nog baie gedoen word indien ons ʼn noemenswaardige duik in ons land se hoë werkloosheidskoers wil maak.Dié syfers toon terselfdertyd dat die prioriteitsgebiede van die ekonomiese herbouen herstelplan — soos massa indiensname in die staatsdiens, ekonomiese hervorming en infra struktuurontwikkeling — ʼn impak op werkskepping het. Met infrastruktuurontwikkeling en -belegging wat een van die herstelplan se sleutelprioriteite is, is die groei in werkskepping in die konstruksiesektor veral bemoedigend. Die begroting van Februarie 2022 het ʼn 30% toename van R812 miljard in besteding op openbare infrastruktuur oor die vol gende drie jaar getoon, in vergelyking met R627 mil -jard oor die afgelope drie jaar. Die raad vir ontwikke ling van die boubedryf het onlangs gemeld dat daar ʼn toename was in die infrastruktuurprojekte wat aangedryf word deur ondernemings in staatsbe sit, soos Transnet en Eskom, maar ook in die metros en deur die departement van openbare werke en infra struktuur. Ons het in Junie vanjaar gesien hoe ons ekonomie terugkeer na pre-pande miese groeivlakke danksy ʼn redelike positiewe BBP in die eerste kwartaal van die jaar. Ons doelwit is natuurlik om ʼn noemenswaardige skuif van dié lae basis af te maak en daarom gaan ons voort met ons fokus op strukturele hervorming wat groei aanspoor. Die staat het onlangs ʼn voorgestelde wysiging gepubliseer om die lisensiëringsdrempel vir elektrisiteitsopwekkingsfasiliteite af te skaf en belegging in groter, nuts bedryfskaalprojekte aan te moedig om sodoende blitsvinnig nuwe opwekkingskapasiteit tot die nasionale kragnetwerk by te voeg. Dit verteenwoor dig ʼn groot mylpaal in ons pogings om die land se ener gielandskap te hervorm, wat ʼn kritieke voorvereiste is vir ekonomiese groei en die lok van beleggings in ons land. Ons, as die regering, het sedert die nasionale ener gieplan vanjaar in Julie aangekondig is, in vennootskap met verskeie belanghebbendes gewerk aan die implementering daarvan asook aan beleids hervorming. Sedert ons in Julie 2021 die lisensiëringsdrumpel na 100 megawatts verhoog het, is meer as 500 MW privaat hernubare kragopwekkingsprojekte geregistreer, met ʼn pyplyn van meer as 6 000 MW van projekte in verskillende fases van ont wikkeling. Die strukturele her vormingsproses gaan voort om vordering aan te meld as steun vir ekonomiese groei en die lok van beleggings. Ekonomiese groei en werkskepping kan nie plaas vind sonder om die moeilike dog noodsaaklike struktu rele hervormings wat die sakeen beleggingsklimaat sal verbeter, te onderneem nie. Dit is die rol van die staat. Dog, om sukses te verseker sal ons ʼn ooreenkoms tussen handel, arbeid en die siviele samelewing moet besleg — nie net met betrekking tot die nodige hervormings nie, maar ook rakende die kompromieë wat nodig is om ons doelwitte te bereik. Terwyl ons ekonomie tyd neem om te herstel en ons hervormingsprogramme geïmplementeer word, sal ons voortgaan met ʼn reeks harmoniërende ingrypings om werkskepping te steun. Tesame met die maatreëls wat privaatsektorgroei steun, sal ons werkskepping in die staatsdiens uitbrei en maatskaplike beskerming vir die mees weerlose mense in ons samelewing verseker. Die groei in werkskep ping, tesame met ander belowende tekens van herstel, behoort ons aan te moedig om deur te druk met die hervormings en ons ekonomiese herbouen herstelplan te implementeer om belegging in die land te ontsluit. Dít behoort alle maatskaplike vennote aan te moedig om noeuer en meer indringend saam te werk om vinniger groei en groter werkskepping te verseker.
2022-12-ed1
afr
186
Sleepbootmeester ry golf van sukses
Allison Cooper
Hoewel sleepbote klein is, is hulle uiters kragtige vaar tuie en hom hulle te hanteer verg spesiale vaardighede. Mdletshe is in Port Shep stone gebore en getoë en het in St Faiths skoolgegaan. "Dit was nogal ʼn ervaring waar ek grootgeword het. Daar was, anders as dees dae, geen vrees nie en almal is deur die hele dorp groot gemaak."Mdletshe het in 2006 ma triek voltooi en in 2007 vir ’n Nasionale Diploma in Skeepvaartstudies aan die Durbanse Universiteit stu deer. Nadat sy in 2007 haar S1, en in 2008 haar S2 voltooi het, het sy haar opleiding van drie jaar ter see by Safma rine Skeepvaartmaatskappy voltooi. Sy het daar geleer hoe om ʼn vragskip op die oop see te bevaar en het by verskeie hawens in Europa, Afrika en Asië aangedoen vir vragbedrywighede en veiligheidsopnames. Sy het haar eerste graad behaal op die ouderdom van 25 en terselfdertyd ook ’n Meestersgraad in Hawe bedrywighede voltooi. Deur laasgenoemde is sy as ’n gekwalifiseerde sleepboot meester gesertifiseer. "Dit was die grootste uitdaging, want om ʼn sleepbootmees ter te wees, vereis nie van ʼn mens om ʼn graad te hê nie, maar slegs S1, S2 en oop see-opleiding. Mense skryf gewoonlik eers daarna in om ʼn sleepbootmeester te word. Ek het albei gelykty dig gedoen. Ek het ná werk klas toe gegaan om die dag se kurrikulumwerk in te haal," sê sy. Mdletshe is dol daaroor om op die water te wees. "Die water kan vir jou soveel ver tel oor wat die dag inhou. Party dae is dit kalm, an der dae is dit ontstuimig en soms is daar deinings; dit is dus ʼn wonderlike dinamiese wêreld! Skepe het ook ver skillende vorms en dra ver skillende vragte, wat bete ken dat hulle verskillend hanteer moet word," sê Md letshe. Sy geniet dit om saam met die bemannings van uiteenlopende kulture uit verskillende lande te werk. ʼn Uitdagende wêreld Mdletshe sê dat dit ʼn “uitda gende wêreld" is om ʼn vrou in die skeepvaartbedryf te wees; sy verwys na geslagsgebaseer de kwessies as een van die grootste uitdagings, aangesien dit steeds oorwegend as ’n manswêreld beskou word. Dit kan uitmergelend wees, want vroue werk hard om te probeer inpas en om mense verkeerd te bewys. Ek het dit oorwin deur kalm te bly, ʼn positiewe gesindheid te hê en met mense saam te werk om hulle respek te verdien. Deur volharding en ywer kan jy hierdie struikelblokke oor kom," sê sy. Mdletshe se oorwinning oor hierdie struikelblokke blyk duidelik uit die toekenning wat sy as waarnemende teg niese marinebestuurder ont vang het. "Ek het ʼn toekenning gekry vir beste presteerder oor ʼn kort tydperk omdat ek in die eerste week in die waar nemende pos ʼn oudit geslaag het." Sy het ook ʼn toekenning ontvang omdat sy in Oktober 2017 ʼn “held” was toe sy skepe gered het tydens die ergste storm wat Durban nog ooit getref het. "Om ʼn sleepbootmeester te wees, beteken soms dat jy jou grootmeisiehoed moet opsit en dapper moet wees," sê sy. Die feit dat sy haar mees tersgraad verwerf het, het die verskil gemaak. "Deur my graad te behaal, het ek meer respek van my manlike kollegas gekry. Hulle vra my elke dag waarmee ek besig is, want daar is net twee van ons wat so ver gevorder het en ek is die eerste een by die Durbanse hawe wat die skeep vaartdiploma behaal het. Dit het my laat uitstaan," sê sy en verduidelik dat skeepvaart nie ʼn maklike studieveld is nie.Sleepbootmeester se rolMdletshe verduidelik dat ʼn sleepbootmeester in bevel van die hele vaartuig en die mense aan boord is. Sy moet toesien dat die veiligheidsen brandtoerus ting in ʼn goeie toestand is en gesertifiseer is. Sy moet ook ʼn jaarlikse veiligheids opname van die vaartuie doen, sorg dat die beman ning behoorlike opleiding kry, hulle opleidingsboeke teken, prestasiebestuurs inspeksies uitvoer en haar werknemers help om ʼn ontwikkelingsprogram op te stel wat ooreenstem met hulle beroepsrigting. Verder moet sy maatskappybeleid uitvoer, store bestuur en toerusting bestel. Mdletshe se tipiese werks dag begin met ʼn lys van skeepsbewegings, wat teen die einde van die skof vol tooi moet wees. "Ons begin om sesuur soggens met skeepswerk en eindig om tien voor ses. Twee sleep bote werk gewoonlik saam en elkeen voltooi ongeveer agt take. Daarna moet ons al die papierwerk voltooi. “In noodgevalle, handel ons, ons werk soms eers na nege-uur saans af” sê sy.
2018-06-ed2
afr
20
SA-jeug is ʼn bron van inspirasie en hoop
vukuzenzele unnamed
Elkeen het ʼn brandende be-geerte om die wêreld te veran-der, ongeag waar hulle woon en wat hulle doen. Hulle wil ook, terwyl hulle beslis hulle eie lewens wil ver-beter, ʼn beter samelewing en wêreld tot stand bring. Hulle sien hulself as agente vir fun-damentele transformasie.Jong mense was nog altyd regdeur die geskiedenis ʼn dryfkrag vir verandering. Jong mense het die afgelope paar de-kades verskeie veldtogte teen ongeregtigheid gevoer, van die 1968-studenteopstand in Parys, tot die teenoorlogbeweging in die Verenigde State in die 1960's, tot die teenkoloniale stryd in baie Afrikaen Asiatiese lande, tot die stryd teen apartheid, tot die Arabiese Lente.Jong mense was mees on-langs aan die spits van die #BlackLivesMatter-beweging, wat wêreldwyd steun verwerf het nadat George Floyd in die Verenigde State vermoor is.Aktiviste van regoor die wêreld het ook die afgelope paar weke die verwydering van simbole wat die barbaarsheid en geweld van die slawehan-del en kolonialisme verheerlik, geëis.ʼn Betoger het onlangs by ʼn be-toging by Oxford Universiteit ʼn plakkaat gedra met die woorde 'Rhodes moet val', 'n strydkreet van studente in ons eie land vyf jaar gelede.Jong mense regoor die wêreld het ʼn gemeenskaplike doelstel-ling gevind. Hulle breek stand-beelde en simbole van rassisme af, eis die dekolonisasie van opvoedkundige kurrikula en vereis van instansies om ras-sisme en maatskaplike uitslui-ting aan te pak.Ons het op 16 Junie 2020 hulde aan die generasie van 1976 gebring en bring ook hulde aan die jeug van post-apartheid Suid-Afrika, die waardige erfgename van dié edele nalatenskap.Die 1976-generasie se missie was om Bantoe-onderwys af te breek; die missie van vandag se jeug is om die projek van nasionale versoening en trans-formasie voort te sit. Daar sal mettertyd gesê word dat dié jaar, 2020, die begin van ʼn nuwe epog in menslike geskiedenis was.Die koronavirus het nie net ʼn enorme impak op mense se lewens en bestaan gehad nie, maar ook die globale maats-kaplike orde verander.Die wyse waarop die pan-demie toegeslaan het, is ʼn herinnering aan die onderlinge verbintenisse van die mens-dom en die diep ongelykhede wat tussen lande en in lande bestaan.Die pandemie bied ʼn geleent-heid om ʼn wêreld wat deur erge materialisme, selfsugtigheid en selfbeheptheid van individue en hele samelewings geken-merk is, te 'herstel' .Jongmense sê vir ons dat die noodsaaklike waardes van integriteit, deernis en eensge-sindheid die kenmerke van die nuwe samelewing moet wees wat na vore sal kom en dat hulle vasbeslote is om die kampvegters vir dié nuwe, beter wêreld te wees. Ek het in my gesprekke met jongmense gesê dat ons nooit die mag van ʼn idee moet on-derskat nie, want idees kan en het die wêreld verander. Idees het menslike vooruitgang aangewakker en dit is wat ons in staat stel om ʼn nuwe pad in die post-koronavirusera uit te stippel. Dié jongmense het hulle idees in optrede omgeskakel. Hulle het nie toegelaat dat ʼn tekort aan hulpbronne hulle kniehal-ter nie. Hulle het in ʼn hele aan-tal sektore, van hipertegnologie tot omgewingsvolhoubaarheid, vir hulself ʼn nis uitgekerf.Ons sal nou, meer as ooit, ons op die innoverende en baanbre-kersgees van ons jeug beroep om oplossings vir die werk-loosheidskrisis te vind wat vir hulle, hulle gemeenskappe en die samelewing voordelig sal wees.Ek daag terselfdertyd ons land se jeug uit om programme te prakseer en ontwerp wat ons in staat sal stel om ons ontwik-kelingsdoelwitte te bereik. Revolusionêre Kuba het in 1961 talryke jong studente-vrywilligers na die berge en dorpies toe gestuur om skole te bou, geletterdheid te on-derrig en nuwe opvoeders op te lei. Dit word steeds as een van die suksesvolste geletterd-heidsveldtogte in die moderne geskiedenis beskou.Ons jongmense moet maats-kaplike opheffi ngsinisiatiewe ontwikkel en aan die stuur daarvan staan.Die aansienlike energie van ons jeug moet, net soos wat hulle die stryd vir geslags-gelykheid in hoër onderwys aangedurf het, ook vir die stryd vir gelyke toegang tot gesond-heidsorg, die transformasie van grondeienaarskap en, die belangrikste, vir geslagsgereg-tigheid, aangewend word. Ek, soos alle Suid-Afrikaners, is diep ontsteld oor ʼn opwel-ling in die aantal moorde op jong vrouens deur mans. Dit is skokkende, onmenslike dade wat nie in ons samelewing tuishoort nie.Burgerlike aktivisme, bewus-making en portuurberading wat deur die jeug gelei word, is kernbelangrike hulpbronne in ons poging om geslagsge-baseerde geweld in ons same-lewing uit te roei. Ons moet terselfdertyd ons regstelsel versterk en verseker dat oor-treders aan die pen sal ry, dat borgtogen paroolvoorwaardes opgeskerp word en dat diegene wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, die res van hulle le-wens agter tralies sal spandeer.Alhoewel dit optrede van regoor die samelewing ver-eis, vra ek vir jong mans in besonder om die stryd teen geslagsgebaseerde geweld aan te pak. Die droom van ʼn nuwe samelewing sal ons bly ontwyk, tensy ons die oorlog wat teen Suid-Afrikaanse vrouens woed, beëindig.Diegene van ons wat tydens die apartheidsera deel van die studentebewegings was, word gereeld gevra wat ons van van-dag se jongmense dink. Daar is ʼn versoeking om in nostalgie oor die 'glorieryke dae' van studentepolitiek en jeugstryd wat nooit herhaal kan word nie, te verval.Net soos wat die jeug van die verlede hulle missie bepaal het, bepaal vandag se jeug egter ook hulle sʼn.Die Suid-Afrikaanse jeug van 2020 voldoen beslis aan die hoë standaard van hulle voorgangers. Hulle is optimis-ties, lewenskragtig en dapper, dikwels in die moeilikste om-standighede denkbaar.Hulle is ʼn bron van inspirasie en hoop. Hulle bou, deur hulle dade, ʼn wêreld wat meer reg-verdig, gelykwaardig, volhou-baar en vreedsaam is.
2020-07-ed1
afr
71
PLUIMVEEMEESTERPLANPluimveeplan ’n meesterhou vir plaaslike boere
Vukuzenzele Unnamed
Toe Beverly Mhla bane winkel toe is om eiers te koop, het sy nie geweet dat teen die tyd wat sy terug sou wees, ’n plan vir haar eie klein suksesvolle besig heid in haar agterkop sou broei nie. “Ek is eendag winkel toe om eiers te koop en sien toe die eiers is baie duur. Ek be sluit toe om 10 lêhoenders te koop sodat ons eiers vir die huis kan kry,” sê sy. ’n Hen lê elke 26 uur ’n eier, wat beteken dat Mhlabane ’n gemiddelde van agt of nege eiers elke dag kon kry. Twee maande later het sy begin om die eiers aan haar bure te verkoop. Dit het daartoe gelei dat sy haar motorhuis in ’n hoenderbat terystelsel omskep het. Sy het op daardie stadium ook ’n groentetuin in haar agter plaas gehad. Mhlabane, wat voorheen ’n ingenieur was, het altyd beplan om die korporatiewe wêreld te verlaat en haar eie eiendomsagentskap te begin. In 2014, nie lank nadat sy die hoenders aangeskaf het, het sy twee hektaar grond in Benoni, Gauteng, gekoop met die bedoeling om woon stelle daar te bou. Sy kon egter nie voortgaan met haar plan nie, aangesien die grond geoormerk was vir landboudoeleindes. Sy het toe liewer besluit om haar klein boerdery-onderneming uit te brei. Lang proses’n Gebrek aan infrastruktuur soos heinings, watertenks en elektrisiteit het egter beteken dat sy eers in 2016 die grond kon begin gebruik. Die 49-ja -rige onthou hoe sy navorsing oor die boerderybedryf op Google gedoen het. Haar babatreetjies het vrugte afgewerp en vandag is sy die trotse eienaar van Zapa-plaas, ’n suksesvolle kommersiële landbou-on derneming. Sy het van krag tot krag gegaan en waar sy aanvank lik haar twee hektaar grond gebruik het om haar eierpro duksie te verhoog en spina sie, krulkool, groen soet rissie en tamaties te kweek, wat sy plaaslik verkoop het, het sy vandag twee groen tetonnels waar 1.5 hektaar verbou word en lêhuise met ’n kapasiteit van 5 000 en 2 000 lêhoenders. Die plaas lewer produkte aan onder meer vier Wimpyrestourante, Pick n Pay, ’n Holiday Inn-hotel en plaas like spaza-winkels. “Ons ervaar egter ’n tekort aangesien ons aanvraag ons aanbod oorskrei. Gevolglik koop ons eiers van ander plaaslike produsente af in. Ons het ’n goedgekeurde omgewingsimpak-asses sering vir 120 000 lêhenne en het dus kapitaal vir die uitbreiding nodig,” sê sy. Pluimveemeester planMhlabane het hulp gehad om ’n suksesvolle boer te word. Sy is een van die talle opkomende boere wat voor deel trek uit die Pluimvee meesterplan wat ontwikkel is deur die regering en be langhebbendes in die bedryf, insluitend pluimveeprodu sente, boere, verwerkers, uitvoerders, invoerders en georganiseerde arbeid. Die plan, wat in 2019 on derteken is, is daarop gemik om werk in die bedryf te skep deur ’n aantal maatreëls toe pas wat oor die volgende paar jaar bekendgestel sal word. As ’n uitvloeisel van hierdie plan het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) vir Mhlabane se waterge bruiklisensie betaal en haar van opleiding oor eierpro duksie voorsien. Steun vir boereSAPA se algemene bestuur der, Izaak Breitenbach, sê die bedryf het miljoene belê in die ondersteuning van swart boere en die uitbreiding van pluimveeproduksie met 5%. In slegs 12 maande is 13 swart boere in produksie ge vestig en 960 werksgeleent hede geskep. “Die bedryf het R870 mil joen belê om markte vir 50 swart kontrakprodusente te skep en om uitvoere te fasi liteer om plaaslike werksge leenthede te skep. Die bedryf het ook betaal vir besigheid studies vir 19 swart boere wat in ’n program van die departement van landbou, grondhervorming en lande like ontwikkeling opgeneem is,” sê hy. Veertig onafhanklike swart boere word ook voorsien van pluimveeverwante raad en opleiding. “Die bedryf het ook ’n databasis van 670 boere in klein-, mediumen mikroondernemings (KMMO’s) vir wie ons bystaan met die nodige inligting,” sê hy. SAPA het verder ’n boek beskikbaar gestel om boere te leer oor pluimveeproduksie en die ontwikkeling van hul eie sakeplanne. Hoenderprodusente het onderneem om R1.5 miljard oor die volgende vier jaar in ’n vars belegging in hul eie produksiefasiliteite te belê, wat 4 000 bykomende werksgeleenthede behoort te skep. Die bedryf sal ook R1.7 miljard belê in die vestiging van 50 kontrakboere op kommersiële vlak. Hierdie belegging sal deur die bedryf en verskeie regeringsagents kappe ondersteun word.
2021-04-ed2
afr
106
SA het ’n plig om die jeug op te voed
More Matshediso
Minister Pandor sê dit is die land se plig om die armes en die kwesbaarste families te ondersteun. Sy het die proses om gratis hoër onderwys in Suid-Afrika in werking te stel onlangs ty dens ’n perskonferensie bekend gemaak. Minister Pandor het verklaar dat die regering 'n bykomende R7.166 miljard belê het om beur se te finansier vir kinders van armen werkersklasfamilies, wat vanjaar by universiteite en kolleges vir tegniese en beroepsonderrig en -opleiding (TVET) wil studeer. Minister Pandor het bevestig dat R4,581 miljard opsy gesit is vir kwalifiserende universiteit studente en R2,585 miljard vir TVET-kollegestudente. In 2017 het die regering aange kondig dat hoër onderwys gra tis sal wees vir arm studente en dié uit gesinne wat 'n bruto ge kombineerde jaarlikse inkomste van tot R350 000 verdien. Die studente word ondersteun deur 'n uitgebreide beursskema. Dit vervang vorige lenings en gedeeltelike beursskemas wat deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) aangebied word. "Die basislyn-toekenning aan NSFAS ter ondersteuning van universiteiten TVET-studente uit arm en werkersklasgesin ne sal van R9,849 miljard in 2017/18 styg tot R35,321 miljard in 2020/21. "Dit impliseer 'n behoefte aan verbeterde doeltreffendheid en stelselsontwikkeling by NSFAS. Ons het dus 'n byko mende R105 miljoen toegeken oor die mediumtermyn-uitga weraamwerk om NSFAS te help om sy administratiewe kapasi teit te verhoog en te versterk," het die Minister gesê. Kwalifiserende studente in alle studiejare wat geregistreer is vir nasionale sertifikate (beroeps-) en Verslag 191-programme – by enige openbare TVET-kollege – sal beurse ontvang om hul klasgeld en studiemateriaal te dek. Die toename in befondsing vir 2018/19 sal verseker dat 458 875 studente beurse ont vang. Ongeveer 50 480 TVET kollege studente wat aan die vereistes vir reis, verblyf en maaltye voldoen, sal ook ondersteun word, terwyl nog 82 600 vir vervoertoelaes sal kwalifiseer. Die Minister het gesê die nuwe befondsingstoelaag sal na verwagting ongeveer 83 200 van die 208 000 beskik bare plekke (40 persent) wat vir nuwe toetreders by univer siteite in 2018 beskikbaar is, ondersteun.
2018-05-ed2
afr
14
Herstel in die vooruitsig vir SA
vukuzenzele unnamed
Toe die nasionale ramptoe stand in Maart afgekondig is, was ons onmiddellike prioriteit om die versprei ding van die virus te beperk en noodleniging aan burgers, gemeenskappe, werkers en sakeondernemings te bied. Deur die loop van agt maan de en met die ondersteuning van ons maatskaplike ven note het ons 'n omvattende stel maatreëls ingestel om die sosiale en ekonomiese impak van die pandemie te beperk. Ons het maatskaplike steun op ’n ongekende skaal wat nog nooit voorheen in die land gesien is nie, uitgebrei. Ons is een van die min lande ter wêreld waar die reg op toegang tot maatskaplike se kerheid in die Grondwet ver vat is, en ons kan trots wees dat ons gedurende hierdie ernstige krisis op baie ma niere praktiese uitdrukking aan hierdie reg gegee het. Benewens ons bestaande maatskaplike toelaes, wat elke maand meer as 17 mil joen mense bereik, het ons die ouderdoms-, ongeskiktheidsen kinderonderhoudstoelae aangevul. Ons het ook 'n spesiale COVID-19 maats kaplike noodverligtingstoe lae ingestel, wat tot dusver ses miljoen mense bereik het. Dit is gedoen binne ’n paar weke nadat die ramptoestand verklaar is. Die omvang van so 'n on derneming kan nie onderskat word nie. Om hierdie stelsel aanlyn te bring, het omvat tende samewerking tussen die Suid-Afrikaanse agents kap vir Maatskaplike Seker heid, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Binnelandse Sake en talle ander instansies geverg. Ons het 'n ten volle outomatiese aansoek-enuitbetalingsproses opgestel en veelvuldige databasisse geïntegreer, insluitend die Nasionale Bevolkingsregister en die databasis van die Werk loosheidsversekeringsfonds (UIF). Ons het nuwe toepas singskanale soos WhatsApp en USSD ingestel en met die handelsbanke stelsels geskep om die verifikasie van bank besonderhede moontlik te maak. Dit is 'n merkwaardige prestasie in 'n baie kort tyd. Behalwe die maatreëls wat ons getref het om lewenson derhoud te beskerm en te onderhou, het ons ook suk kelende ondernemings on dersteun. Ons het steun aan klein ondernemings verleen in die vorm van skuldver ligting, finansiering en die uitstel van belastingbetaling, sowel as ander hulpmiddels. Ons het 'n COVID19-leningwaarborgskema geïmplementeer om onder nemings in staat te stel om hul bedryfsuitgawes tydens die inperking te dek, en ons is tans besig om te kyk hoe hier die skema meer behoeftige ondernemings kan bereik. Ons het inkomstebes kerming aan werkers en verligting aan sake-eienaars verskaf deur middel van die Hulpskema vir Tydelike Werkgewers wat deur die UIF bestuur word. Al hierdie maatreëls was ’n regstreekse reaksie op 'n noodgeval en was van nature tydelik. Sommige kom nou tot 'n einde, terwyl ander verleng is terwyl die arbeidsmark herstel. Die maatreëls wat ons geïm plementeer het, het daartoe bygedra om ons samelewing te beskerm teen die felle aan slae van COVID-19. Die by komende toelaes het gehelp om te voorkom dat miljoene mense tot onder die voedselarmoedegrens daal. As ons nie ingegryp het om lewensonderhoud te verseker en sakeondernemings te red nie, sou die lewensomstan dighede van ons mense en die omstandighede van duisende ondernemings aansienlik er ger gewees het. Nou is ons in 'n oorgang van verligting na herstel. Die noodmaatreëls wat ons ingestel het, het 'n stewige grondslag gelê waarop ons ekonomie herbou kan word. Aangesien ons fokus nou na die implementering van die Ekonomiese Heropbou-enHerstelplan verskuif, is ons prioriteit om groei te stimu leer en werk te skep. Daar is reeds op verskeie gebiede vordering gemaak. Na afloop van ons infra struktuurprojek-tafelronde verlede week, het ons nuwe finansieringsverbintenisse vir infrastruktuurontwikkeling verkry. Verskeie werkpro gramme onder die President se Indiensnemingstimulus het reeds begin. Ons sit ook ekonomiese hervormings voort op gebiede soos energie en telekommunikasie. Planne word omgeskakel na aksie en verbintenisse word weerspieël in werkskepping en geleenthede. Dit is soveel te meer krities in hierdie tyd, veral met die feestyd wat aanbreek, dat ons nie ons eie ondergang moet bewerkstellig nie. Ons moet almal die uiterste waaksaamheid aan die dag lê om die virus te stuit. 'n Oplewing op enige skaal sal nie net ons gesondheids voordele dramaties omkeer nie. Dit sal die groen lote van ekonomiese herstel wat ont kiem het, doodwurg en ons van die lente na die winter terugneem. Om 'n tweede vlaag van COVID-19-infeksies te voor kom, moet ons die riglyne vir openbare gesondheid wat in plek is, getrou nakom. As ons nie 'n masker dra tydens sosiale byeenkomste nie, of geleenthede bywoon waar mense saamdrom, stel ons nie net onsself en ander in gevaar nie. Ons stel ook ons ekonomiese herstel in gevaar. Laat ons almal steeds ons kant bring. Die positiewe optrede om 'n masker te dra, om sosiale afstand te hou en gereeld ons hande te was, het ons gehelp om die ergste gevolge van die pandemie te oorkom. Dit is steeds ons beste beskerming. Laat ons die opofferings onthou wat ons almal aan die begin van die inperking moes maak om die verspreiding van die virus te beperk. Hoewel die meeste sosiale en ekonomiese aktiwiteite hervat is, moet ons steeds alle gesondheidsmaatreëls nakom. Dit is absoluut nood saaklik as ons ons ekonomie wil herbou en hierdie krisis te bowe wil kom.
2020-12-ed1
afr
92
Program vir bemagtiging van slagoffers herstel hoop
Owen Mngadi
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling betrokke is om te voorkom dat die slagoffers sekondêre trauma opdoen tydens die proses om ʼn saak aan te meld. “In verkragtingsake kom gesondheidsorgwerkers en die polisie na die TVEP-sentrums om slagoffers by te staan om kriminele sake teen die oortreders aanhangig te maak en ook om beradingsdienste te verskaf,” sê hy. Die TVEP kan slagoffers tot 14 dae akkommodeer, alhoewel die reëling verleng kan word in gevalle waar die hele familie of kinders betrek word. “Ons het bemagtigingseenhede wat openbare dialoog voer en mense oor hul regte opvoed. Ons bedien meer as een miljoen inwoners van Thohoyandou en omliggende gebiede. Ons het dit reggekry om hoop te herstel en mense het nou weer vertroue in die regstelsel weens ons verhouding met die polisie,” sê hy. Die TVEP het ook werk geskep vir 44 mense wat in verskeie departemente werk, waaronder finansies, menslike hulpbronne en evaluasie. Ten spyte van die feit dat die TVEP deurlopende finansiering van R90 000 kwartaalliks van die provinsiale departement van gesondheid van Limpopo ontvang, is dit wel deur KOVID-19 geraak aangesien baie skenkers kop uitgetrek het en dit dus die organisasie se operasionele prosesse negatief beïnvloed het.Die Reaksiefonds vir Slagoffers van Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord, wat deur president Cyril Ramaphosa op die been gebring is tesame met die Internasionale Vroueforum van Suid-Afrika en maatskaplike vennote, het egter in Februarie vanjaar die program ondersteun. Die TVEP was van die eerste groep organisasies wat hulle teen GGG beywer wat finansiering ontvang het. Met die somtotaal van R128 miljoen wat ingesamel is danksy bydraes uit die privaatsektor se multisektorale fonds sal die GBVF-fonds help met die implementering en bystand van die Nasionale Strategiese Plan vir GGGV en dit ondersteun. Daar is R250 000 aan die TVEP toegeken vir die huidige finansiële jaar en dit sal verdere finansiering vir 2023 ontvang.Manthada sê die fondse het die TVEP in staat gestel om na meer slagoffers uit te reik en ook om die organisasie se lopende koste te dek. Murendeni Vhengani (26) is ʼn oorlewende wat deur die TVEP van haar eks-kêrel, wat haar misbruik het, gered is. Sy, tesame met haar vierjarige dogtertjie, het 46 maande by die sentrum deurgebring nadat sy van haar kêrel ontsnap het. Die sentrum het haar gehelp om ‘n klag teen haar eks-kêrel te lê en ʼn beskermingsbevel te verkry. Die kêrel se verhoor is nog aan die gang. “Hulle het my met oop arms verwelkom na baie jare van swaarkry. Ek het veilig gevoel. Ek het weer my selfvertroue herwin,” het sy gesê. Die voorsitter van die GBVF-fonds, dr. Judy Dlamini, sê finansiering vir 108 organisasies wat se aansoeke suksesvol was, word tans verwerk. Inligting oor die volgende rondte aansoeke sal spoedig op die GBVF-fonds se webblad beskikbaar wees: https://gbvf.org.za/.
2022-11-ed1
afr
179
'n Professionele staatsdiens
Vukuzenzele unnamed
Met my verkiesing as Staatspresi dent het ek des tyds gesê dat die skepping van ’n doeltreffende, be kwame en etiese regering, vry van enige korrupsie, een van my grootste prio riteite is. Slegs ’n bekwame, doeltref fende, etiese en ontwikke lingsgeoriënteerde regering kan die verbintenis tot die verbetering van die lewens van die mense van hierdie land nakom. Dit beteken dat die staats diens beman moet word deur mense wat professioneel, vaardig, onbaatsugtig en eerlik is. Hulle moet daartoe verbind wees om die waardes van die Grondwet te handhaaf en moet, soos ek in my in huldigingstoespraak gesê het, “hulself getrou vir geen ander saak as dié van die publiek beywer nie”. Tydens die afgelope twee weke het openbare kon sultasies plaasgevind met betrekking tot ’n belangrike beleidsdokument wat groter dryfkrag gaan gee aan ons werk om die staatsdiens te steun, versterk en bevoeg te maak. Die konsep vir die nasionale implementeringsraamwerk vir die professionalisering van die staatsdiens is daarop gemik om ’n regering tot stand te bring wat ons volk beter dien, wat geïsoleer is van onbehoorlike politieke inmenging, en waar aanstel lings op meriete plaasvind. Die raamwerk is in Novem ber laasjaar deur die Kabinet goedgekeur en gestruktureer de konsultasie met verskeie sektore van die samelewing word tans onderneem. Na sewe-en-twintig jaar van demokrasie kan ons die vol gende van die staatsdiens sê: ondanks uitnemendheid op talle terreine, is daar in baie staatsdepartemente steeds ernstige uitdagings met betrekking tot vaardighede, bekwaamheid en professio naliteit. Te dikwels is mense aange stel in en bevorder tot sleutel posisies waarvoor hulle nie geskik of bekwaam was nie. Dit het die werksprestasie van die regering beïnvloed en ook bygedra tot nepo tisme, politieke inmenging in die werksverrigting van departmente, ’n gebrek aan verantwoordbaarheid, wan bestuur en korrupsie. Daar is ook die verwante probleem van politieke en uitvoerende inmenging in die administrasie van die staatsdiens. 'n Mens hoef net te kyk na die onstabiliteit in staatsdepartemente wan neer seniorbestuur verskuif of vervang word elke keer as ’n nuwe minister aangestel word. Direkteurs-generaal en pro vinsiale departementshoofde word veral hierdeur geraak. In sommige departemente het DGs, departementshoofde en uitvoerende bestuur die voor deel van 'n stabiele amps termyn geniet, wat sulke departemente in staat gestel het om met min ontwrigting aan te hou funksioneer. In die meeste sulke departemente waar daar stabiele leierskap is, is ouditverslae geneig om positief en openbare be fondsing verantwoordbaar te wees. Daarenteen is daar dikwels administratiewe onstuimigheid in departe mente met ’n hoë omset van leierskap. Een van die belangrikste voorstelle in die konsepraamwerk is dat die staats diens gedepolitiseer moet word en dat staatsdeparte mente van politiek geïsoleer moet word. Professionalisering is nood saaklik vir stabiliteit in die staatsdiens, veral in die se nior range. Staatsamptenare moet hul pligte kan uitvoer “ondanks enige veranderinge onder die ministers, lede van die uitvoerende raad of raadslede in die regerende party met betrekking tot die administrasie, of verskui wings van politieke partye na afloop van verkiesings”. Ons stel ’n aantal verrei kende hervormings voor, byvoorbeeld die verlen ging van die ampstermyn van departementshoofde op grond van meriete en prestasie, die instelling van beroepsgebaseerde bekwaamheidsassesserings asook die betrokkenheid van die Staatsdienskomis sie wanneer onderhoude met kandidate vir die poste van direkteurs-generaal en adjunkdirekteurs-generaal gevoer word. Die instelling van integri teitstoetsing vir alle kandi date wat op die kortlys is, sal daartoe bydra dat ons staatsamptenare kan werf wat met eerbaarheid kan dien. Ons moet voorts ook die verpligte intree-eksamens wat ons in April 2020 inge stel het, uitbrei na meer as slegs die senior bestuurders. Suksesvolle ontwikkelende regerings het soortgelyke maatreëls wat professiona lisme onder die staatsdiens bevorder. Soos ons in die konsepraamwerk noem, “moet die burokrasie voortdurend lo jaal en nougeset die politieke mandaat wat deur die kiesers en die party daargestel is, implementeer, maar hulle daarvan weerhou om self politieke rolspelers te wees.”Ons voorstel is ’n stren ger benadering jeens die werwing en keuring, in duksie en prestasiebestuur van staatsamptenare. Dit sluit in volgehoue leer en ’n duidelike professionele ontwikkelingspad vir elke staatsamptenaar. Die konsep-raamwerk benadruk die behoefte om staatsamptenare verant woordbaar te hou vir on reëlmatighede en sodoende ’n kultuur van straffeloos heid in die wanbestuur en misbruik van regeringshulp bronne te verhoed. Professionalisering van die staatsdiens behels die opleiding van rekening kundige beamptes oor al die regeringsfere heen met betrekking tot die toepaslike wetlike bepalings. Die Nasionale Regerings kool speel ’n sleutelrol in hierdie verband. Professionalisme behels nie net die regte kwalifikasies en tegniese kennis nie, maar ook die toepaslike standaarde van respek, hoflikheid en integriteit in skakeling met lede van die publiek. Die staatsdiens is uiteen lopend, met ’n wye verskei denheid vaardighede, kwa lifikasies en bekwaamhede. Baie staatsamptenare het gespesialiseerde vaardig hede wat noodsaaklik is vir doeltreffende dienslewering. Dit is dus nie noodwendig die geval dat ons ’n kleiner staatsdiens benodig nie; wat ons wel nodig het is ’n ef fektiewe staatsdiens met die nodige vaardighede, profes sionele etiek en ’n verbintenis om die gemeenskap te dien. Die mense in die staatsdiens moet in staat gestel word om hul rol te vervul in die strewe na ontwikkeling en die kon solidering van demokrasie. Dit is ons beste waarborg vir ’n bekwame staat wat die belange van sy landsburgers dien. Ek doen ’n beroep op julle almal om deel te neem aan die openbare konsultasie proses vir hierdie konsepraamwerk, wat op die Nasionale Regeringskool se webwerf beskikbaar is, en om jul stemme te laat hoor. Die staatsdiens behoort nie aan een spesifieke party nie; en dit behoort ook nie die domein van enige bepaalde belangegroep te wees nie. Dit behoort nie bo die wet te staan nie. Die staatsdiens behoort aan die mense van Suid-Afrika. Dit moet hulle en slegs hulle dien.
2021-03-ed2
afr
102