url
stringlengths
14
2k
content
stringlengths
348
869k
pics
sequencelengths
0
553
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/stiltetyd/gedagte-vir-die-dag-god-se-drome/
“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder” (Jeremia 1:5). Skrifgedeelte Jeremia 1:5 Oordenking God droom, en Hy droom groot. Hy droom oor ’n nuwe wêreld, een waar sy wil geskied. Hy droom oor ’n samelewing waar haat tweede kom en onreg verloor. Hy droom oor die armes wat genoeg kos het om te eet en oor eensame mense wat versorg word. Hy droom oor mense wat veilig saamwoon en vir mekaar lief is. Hy droom oor hoe sy koninkryk oor die aarde versprei soos ’n veldbrand en miljarde mense voor Jesus buig. Hy droom oor mense wat sy skat in die veld ontdek, soos Jesus in Matteus 13 vertel, en dan alles opgee om dit in die hande te kry. God droom nuwe drome. En hier is die goeie nuus – jý het ’n prominente plek in God se drome. Hy het aan jou gedink toe Hy groot gedroom het oor mense en sy skepping. Hy wil jóú gebruik om sy drome ’n werklikheid te maak. Jy moet dadelik aanmeld vir diens. Hy sal vir die res sorg. Die Here sal sorg dat daar strome lewende water uit jou vloei. Hy sal jou gebruik om die lewe van dié om jou aan te raak. Hy sal sy drome vlerke gee in en deur jou lewe. Waarvoor wag jy! Hierdie oordenking verskyn in Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop deur Stephan Joubert. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf. -
[]
https://vaandel.co.za/tag/riviere-van-kus/
Sowat ses jaar gelede het ‘n vriend van Bloemfontein in Mosselbaai by my opgedaag met ‘n aantal bandopnames deur Ryno Opperman wat wyle Frikkie Botha aan my nagelaat het. Ek het dit weggesit met die gedagte om later daarna te luister. Maar intussen het ons na Ladismith verhuis en die bande het in een van die talle houers in ‘n stoor beland. Continue reading Operasie Koemran Gister: Frankryk 1 Junie 1832 — op hierdie dag sterf die linkse vryheidsvegter, genl. Jean Maximilien Lamarque, aan cholera. Hy was die groot ikoon van die sogenaamde verdrukte, agtergeblewenes in Frankryk. Onmiddellik na sy dood en begrafnis breek die Junie-1832 Rebellie uit toe tienduisende Lamarque-aanhangers op ’n moord- en plundertog die strate van Parys invaar. Continue reading UHURU — Lesse van gister en vandag
[ [ "[]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2013/07/UHURU.jpg)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/prinshof-skool-bied-n-soiree-aan/
Prinshofskool vir gesiggestremdes bied op 1 Augustus 2013 ‘n soiree aan by die Musaion, Universiteit Pretoria. U kan uitsien na ‘n heerlike aand van koorsang, soliste en instrumentale items deur die blinde en swaksiende leerders en oud-leerders van die skool. Dit beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees. Prinshof is ‘n multi-kulturele, dubbelmediumskool (Afrikaans en Engels) wat in Pretoria geleë is. Die skool het in 1963 sy ontstaan gehad en het tans meer as 350 leerders van graad R tot graad 12. Kaartjies kos R30 en die vertoning begin om 18:30 vir 19:00. Skakel die skool by 012 328 4170 vir verdere inligting. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
[]
https://www.bybelwoord.net/
In die Bybel word baie historiese gebeure beskryf. Die meeste van hierdie vertellings handel oor die volk Israel. Maar veral in die eerste boek van Dit is ‘n emosionele vraag, waarskynlik gewortel in persoonlike ervarings van spanning. Miskien verskil jy met die ouderlinge in jou kerk. Hulle vra jou om “een wat nie, soos die hoëpriesters, elke dag offers hoef te bring, eers vir sy eie sondes en dan vir dié van die volk nie. Ons bied ‘n gratis kursus aan oor die lewe van Jesus. Hierdie kursus bestaan uit 15 lesse, elk met ‘n gedeelte uit ‘n film oor die Bybel en vrae. Jy sal ‘n persoonlike mentor kry wat vir jou terugvoer sal gee oor jou antwoorde en vir wie jy opvolgvrae kan vra.
[ [ "[]", "http://bybelwoord.net/(https://www.bybelwoord.net/wp-content/uploads/2021/09/ark-540x324.png)" ] ]
https://www.hessequa.gov.za/registreer-op-die-nasionale-sentrale-verskaffers-databasis-svd/
Ingevolge die instruksie uitgereik kragtens Nasionale Tesourie MFMA Omsendskrywe No 81, sal Munisipaliteite vanaf 01 Julie 2016 verplig wees om die Sentrale Verskaffers Databasis (SVD) te gebruik as hulle amptelike lys van geakkrediteerde voornemende verskaffers wanneer goedere en dienste aangekoop word. Hierdie kennisgewing dien om alle huidige en voornemende verskaffers aan Hessequa Munisipaliteit in kennis te stel dat die munisipaliteit van die SVD gebruik maak en om hulle inligting op te dateer of om te register op die SVD. Gedurende die 2015 begrotingstoespraak, het die Minister van Finansies die ontwikkeling en toekomstige gebruik van die SVD aangekondig om die proses van handel dryf met die staat te vereenvoudig. Dus sal die SVD as die bron van alle verskaffer inligting dien vir staatsorgane. Die doelwitte van die SVD is om die ruil van nakomings dokumente in papier formaat te verminder, verskeie registrasies met verskillende staatsorgane te elimineer, en om uiteindelik die koste vir beide besighede en die regering te verminder deur elektroniese registrasie en verifikasie proses. Die SVD integreer met die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om belastinguitklarings sertifikate te verifieer, sowel as met die Maatskappye en Intellektuele Eiendom Kommissie (MIEK) vir die verifikasie van besigheid registrasie en besigheid eienaarskap inligting. Die SVD verifieer ook verskaffer informasie met die register van tender wanbetalers en die databasis van beperkte verskaffers. Aangesien die SVD ‘n self-diens portaal is, sal voornemende verskaffers hulle self moet registreer op die SVD webblad by www.csd.gov.za . Neem asseblief kennis dat REGISTRASIE SAL VERPLIGTEND WEES OM BESIGHEID MET HESSEQUA MUNISIPALITEIT TE DOEN. Die databasis sal gebruik word om die akkreditasie van ‘n verskaffer te verifieer voordat kwotasies bekom en toekennings gemaak kan word. Rig asseblief navrae aan die Hessequa Munisipale SCM Kantore by Tel: 028 713 7801. E-pos navrae moet asb. aan wilmari@hessequa.gov.za of marese@hessequa.gov.za gestuur word. Die Nasionale Tesourie kan gekontak word by Tel: 021 400 1045 of e-pos csd@treasury.gov.za
[]
https://grethawiid.co.za/produkte/seks-in-die-huwelik/
As daar nou een onderwerp is wat kinders van die Here wegbêre in kaste en toehou onder die lakens, dan is dit seks! Ons is geleer dat seks heilig is, maar moes ook hoor dat dit sonde is. Dis wonderlik, maar bly weg daarvan af! Met hierdie dubbelboodskappe is dit g’n wonder dat ons sukkel om openhartig en lekker gemaklik hieroor te praat nie. Met hierdie Video skroom Gretha egter glad nie om God se waarheid te bring aan ons mense nie. Sy praat reguit, en skroom nie om tradisie aan te pak nie. In dieselfde asem bring sy God se onwrikbare waarheid oor die strik van wellus, en die leuens wat ons weerhou van onblusbare passie. Hierdie DVD gaan jou sekslewe oproep tot iets nuuts . Jy gaan die begeerte van jou maat leer ken en ge inspireer word tot nuwe avonture. Vrae waarmee jy dalk al vir jare in jou gemoed rondloop, sal met die kyk van hierdie DVD vir jou beantwoord word. In Gretha-taal “gaan groot, of gaan huistoe”! SEKS IN DIE HUWELIK R150,00 Category: Huwelike
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/departement-staan-bont-na-video-van-lur/
Die departement van gesondheid word oorval met medianavrae waarin hy versoek word om standpunt in te neem rakende die behandeling van buitelandse pasiënte nadat Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, ’n Zimbabwiese pasiënt voor ʼn operasie in die Bela Bela-hospitaal verneder het. Die departement blyk egter huiwerig te wees om hom oor daaroor uit te laat aangesien dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, tans in die buiteland is. “Die departement het nie die volle konteks van die videogesprek tussen die LUR en die pasiënt nie, wat dit moeilik maak om gevolgtrekkings te maak,” sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement. “Die waarnemende minister van gesondheid, Angie Motshekga, het die departement opdrag gegee om al die nodige inligting te versamel wat haar in staat sal stel om dr. Phaahla by sy terugkeer van ʼn volledige verslag te voorsien.” Die departement het wel in ’n verklaring toegegee dat die land se openbare gesondheidsorgstelsel in sommige gebiede, waaronder Limpopo, sukkel om aan die landsburgers se gesondheidsorg te voldoen weens die “onvoorspelbare hoë aantal ongedokumenteerde migrante uit buurlande” wat mediese behandeling in Suid-Afrika kom soek. Mohale sê die kwessie rakende buitelandse pasiënte is een van die onderwerpe wat tydens bilaterale en multilaterale vergaderings op Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-vlak bespreek word om ʼn langdurige oplossing te vind. “Gesondheidsorgwerkers moet ten spyte van hierdie uitdagings verseker dat hulle hul hoë morele verpligting en standaarde ooreenkomstig die Hippokratiese eed, saam met die Nasionale Gesondheidswet en die Vlugtelingewet van Suid-Afrika handhaaf. “Dit beteken egter nié dat alle dienste gratis is nie, want slegs primêre gesondheidsorg- dienste word gratis verskaf, maar hoër vlakke van sorg is onderhewig aan ʼn fooi,” sê Mohale. Maroela Media het vroeër berig Ramathuba se kop word geëis nadat sy ʼn vrouepasiënt in ʼn kamer vol omstanders by die Bela Bela-hospitaal berispe en beledig het. ʼn Video van die voorval waarin die LUR daarop wys dat migrante van Zimbabwe “enorme druk” op die gesondheidsorgstelsel in Limpopo plaas word sedertdien wyd gedeel. Die Indaba-vakbond vir jong verpleegsters (YNITU) is een van dié wat daarop aandring dat die LUR uit haar amp verwyder word. Die vakbond wys in ’n verklaring daarop dat die Grondwet daarvoor voorsiening maak dat landsburgers sowel as buitelanders die reg het om sonder enige vorm van diskriminasie behandel te word. YNITU beskuldig die LUR daarvan dat sy nié net onregverdig opgetree het nie, maar haar ook aan magsmisbruik skuldig gemaak het. “Dit was nie die plek óf die tyd óf die regte gehoor om aan hierdie kwessies aandag te gee nie. Die pasiënt is in ʼn siekbed en as sy opgeneem word, is sy regtig siek en het die hulp van versorgende gesondheidsorgwerkers dringend nodig. “Dr. Ramathuba het ʼn verantwoordelikheid om as ʼn dokter en ʼn LUR empatie te beoefen. Ons glo dat sy die verkeerde boodskap aan personeel in openbare hospitale stuur. Niemand moet toegelaat word om ʼn pasiënt in ʼn hospitaal te terroriseer nie. Sy is nie ʼn voorbeeld nie en dit is nie die eerste keer dat sy so iets doen nie.” YNITU beweer Ramathuba het vantevore al gesondheidsorgwerkers onregverdig in die openbaar aangeval. “Dit blyk uit haar gedrag asof sy die pasiënt boelie en die pasiënt is nie verantwoordelik vir die ontwerp en implementering van regeringsbeleid nie.” Dit is wat dit is ,ek wens die media en ons sogenaamde leiers wil ook die feite deurgee soos dit werklik is ,ek het respek vir die vrou gekry oor sy sê wat almal dink maar te bang is om te sê. Sterkte as jy, afrikaans sprekende moet le met n dokter wat so voel. Wat maak die taal saak. As enige persoon onwettig in ‘n ander land is, kan hy/sy nie aanspraak maak op behandeling nie. Gaan probeer jy as afrikaans sprekende dit in enige ander land. Ons is nie die uitverkore volk wat jy dink ons is nie. George, ek sweer my kop is te plat om die afmerkers te verstaan. n Dr le mos n eed af. Mens hoor die vrou van Zim klink swak en in pyn en se dankbaar: “thank you” in die agtergrond. Ja sy is onwettig, maar is dit nou waaragtig die regte tyd en die plek vir ‘n argument? Dis presies waar wat jy bo se, as ou Harley op die operasie tafel le moet hy nie VIP behandeling verwag nie. Jy weet n ander woord vir Xenophobia is rassisme. Ja, Gaitsigubib, wat het verkeerd geloop met ons boeremense? So, dit gee haar die reg om ‘n pasient te verneder? Lindi, feite troef gevoelens. Kyk alhoewel ek heeltemal saam met Dr. Ramathuba stem, voel ek sy het die verkeerde gehoor gekies, maar ook moontlik die regte gehoor. Die Tiran van Zimbabwe het die boodskap goed gekry d.m.v die media storm wat plaasvind. Jy gaan seker noh ANC stem. Ek stem volkome saam met jou Harley Davidson. Ek staan bankvas agter Dr. Ramathuba Wat van die mense wat jy in bouvalle toegesluit het sonder kos gedurende covid die uwe ? Patetiese mags misbruik . Hoe tiperend . Sy is heeltemal reg.Die grense moet gesluit word Stem Maar dit gee haar nie die reg om ‘n persoon te verneder in die opgenbaar nie. Dit is Mags gebruik . Nee, dis die waarheid. Feite troef gevoelens Dan gaan die anc stemme verloor!! Wie gaan slote grawe? Wie gaan vir tuindienste werk? Wie gaan toilette skoonmaak en karre was? Ek verdien ook my brood en botter in Afrika. Ek het nie geweet dit is wettig om n video te neem van iemand sonder dat hul daarvan bewus is nie? Baie mense in SA ken Amerika se wette beter as ons sin en dink dat dit ons wette is. Waarom dink jy sit winkel sentrums met cctv kennisgewings op. En toe ek by my besigheid kameras opsit, was ek ook gese om kennisgewings op te sit. Deur prokureur, Jy mag net nie kameras he waar jy mense se privaatheid skend nie, soos in kleedkamers byvoorbeeld. Jy mag video neem glad nie teen die wet nie, dis nie versteek nie. Jy mag ook oproepe en gesprekke opneem – maar jy moet deel wees van die gesprek, sonder toestemming. George, jy mag nie n video neem of n oproep afneem sonder daardie persoon se toestemming nie. Tensy jy n hofbevel het. Of jy moet die persoon inlig dat jy die gesprek opneem en vir water doeleindes. Dit is skending van privaatheid as jy dit nie so doen nie. Jy mag nie eers daardie opnames op sosiale media versprei nie….. gaan lees die poppie wet. POPIA vind geen toepassing in openbare plekke nie. Sê wie? Jy praat eenvoudig twak. Orals is daar kameras wat almal afneem. Ek kan nie glo dat jy dit nie weet nie. Koen, orals waar daar kamers is, is daar kennisgewing op wat sê dat daar kameras is. Of kyk jy dit net raak as dit jou pas? Johan, Geen borde op waar huiseienaars kameras op het nie. Vuurvliegie hulle is veronderstel om op te hê. Natuurlik was sy bewus daarvan. Sy het op ‘n stadium in die kamera in gekyk. Dit is duidelik sy was bewus. Hierdie dokter is 200% reg!!! Ek kan nie net arriveer in Switserland en sê ek soek mediese hulp nie??? Hulle sal my ONMIDDELLIK arresteer en deporteer. Honderde duisende Zimbabwiërs leef van ons belastingbetalers se geld af, ek weet hulle is goeie mense maar hulle moet terugkeer na Zimbabwe en verantwoordelikheid gaan neem vir hulle eie gemors wat HULLE veroorsaak het!!! Hulle sal ‘n ruggraat moet groei en hulle land gaan terugneem uit die hande van hierdie massa moordenaars uit en dit self reg maak. Stem Blameer Mbeki se stille diplomasie. As dit lewensreddende behandeling verg, moet hulle jou behandel. Daar is allerhande internasional konvensies waaraan voldoen moet word. Ek laat my nie vertel dat as jy in Switserland deur ‘n motor omgery word en jy le daar bewusteloos in die pad gaan jy nie medies behandel word nie. Twak man. Ja jy sal behandel word tot op lewensreddende vlak, maar jy gaan hoes daarvoor. Dit is hoekom jy reisversekering uitneem wanneer jy oorsee gaan reis. Hierdie is 100% korrek wat die LUR kwytraak. Dit is ek en jy se belasting wat hierdie onwettige immigrant behandel, en sy het geen bydrae gemaak in die land nie. Immigrante is dan in Suid Afrika verwelkom deur ANC en EFF. Staatshospitale se verpleeg personeel is in elk geval in meeste gevalle onbevoeg en gee bitter min om vir pasiente veral as hulle wit is. Hier sal niks van kom nie As mens in Limpopo nie eens Penado by die kliniek kry nie, moet jul weet hoe gaan dit hier. Sy en haar party is self skuldig aan die gemors. Die swak ANC steur hulle nie aan die grensbeheer nie. Immigrasie en grensbeheer is krities. Dis waarom Trump ‘n hoë muur wou bou. Europese lande kou klippe met onwettige migrante. Die oorlog in Orkraïne vererger sake. Almal weet sodra daai migrante op jou grondgebied is het jy probleme. Hulle welstand is die gasheer se probleem. Beskaafde lande sal nie migrante laat sterf nie. ‘n Vriendin van my het in Engeland siek geword en afgesien daarvan dat sy ‘n buitelander is, het sy ongelooflike goeie gesondheidsorg gekry, sonder diskriminasie. Ons weet nie hoekom die Zimbabwiese burger in die hospitaal is nie maar ons is vinnig om kritiek te lewer, sonder om die feite te he. Sou jy wou he ander lande moet jou so behandel as jy daar is (vir wat ookal rede) en jy kort dringende mediese hulp? Die meerderheid van die kommentaar hier wys hoe min mense het empatie vir ‘n vreemdeling. Ja, daar is probleme met buitelandse, ongedokumenteerde burgers, maar dit is nie die kwessie hier nie. Daardie mense het ook ‘n reg op lewe en op esondheid as hulle hulself hier bevind. Dis mos vir party mense lekker om ander te verneder. Jy moet jou medies skriftelik in kennis stel as jy na ‘n ander land reis. As jy nie medies het nie kan jy tydelike mediese dekking koop per maand wat ‘n mal buitensporige bedrag is. Niks in die lewe is verniet nie, net hier by ons in Suid Afrika. Ek reis dikwels dwarsoor Afrika vir werk. Is al daar behandel vir malaria, diarea en ‘n slangbyt. Elke keer vriendelik en met empatie behandel. Geen vra is gevra oor my herkoms nie. Moes smeek vir ‘n rekening om van versekering te eis. Suidlander – as slanghanteerder is ek nou nuuskierig – as ek mag vra watse slangbyt het jy opgedoen en waar? Was jou vriendin ook onwettig daar? Wettig of onwettig is nie die issue nie. Daar is konvensies in plek wat lande verplig om migrante te behandel. Lyke van migrante gaan in die strate lê as lande weier om hulle te behandel. Selfs Trump weet dit. Die vraag? Wie het betaal is Switserland? Die staat of die persoon self? Ek stem saam met jou ES. Gesondheidssorg is NOMMER EEN volgens die Hipokratiese eed. nie volgens n magsbehepte LUR met n gatgril nie. Elma, Hipokrates draai in sy graf om. Die is feite, maar waar is menslikheid? Mense is uitgelewer aan mekaar se genade, genade wat ons voorwaar nie vir mekaar het nie. Siek mense is weerloos. Hulle kan nie terugbaklei nie. Ek glo nie die siek vrou het oor die grens gekruip nie. Sy woon dalk al jare hier. Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie, hierdie persoon is onprofessioneel en het skandelik opgetree. Teleurstellend dat Maroela-lesers dit nie snap nie, maar gereeld lees ons van die gruwelikhede in SA staatshospitale. As Ramathuba vir die ANC stem, is dit laakbare optrede om ‘n weerlose pasiënt so te verneder. Weier toelating tot die hospitaal as julle nie bereid is om ‘n diens te lewer nie, en wys op dië manier wat julle van die ANC-regering se swak grensbeheer dink. Ek raak werklik bekommerd oor die gesindheid van my mense, oftewel boeremense. Het ons al so laag gedaal? Wat het verkeerd geloop? Ek is dalk nie ‘n groot kerkmens nie, maar vra myself wat sou Jesus doen? Ditto Suidlander Dit is wat dit is. Ek stem 100% saam met haar! Die klein bietjie mense in die land wat julle uitroei met julle onbekostigbare mediese fonds tariewe raak al hoe minder. Maw julle geldput droog nou so bietjie op. Ons betaal ons alies af aan mediese fonds tariewe en dan word ALLES van die karige spaarrekening verhaal. Maw dit is binne ‘n maand of twee uitgeput. Dan bly die hospitaal plan gedeelte oor wat se bydrae, glo ek, net so vir minder bevoorregtes gebruik word want ons gebruik dit nie eintlik nie. Deesdae verkies ek om hul die “meer bevoorregtes” te noem. Nou, met die nie bestaande Regering stroom die “meer bevoorregtes” oor die landsgrense. Skielik wil jul ‘n bohaai opskop oor die begroting. Hierdie is ‘n helse sirkus! Ek verwag nie van julle om te verstaan waarmee julle besig is nie. Na amper 30 jaar is dit duidelik jul doen nie. Geen salf te smeer nie. Ons wag geduldig vir die totale ineenstorting van SA, wat naby is, en sal dan maar weer die land opbou, want ons kan! Hier is nie meer mense om dit te doen nie. Die beste talent is landuit. Zimbabwiese pasiënt sê dit alles. Moet ons10% belasting betalers nou die hele Afrika van gratis medies voorsien? Blameer jou geliefde Mbeki vir sy stille diplomasie. Ek dink dit is uiters onvanpas om haar mening uittespreek voor mense, sy voel sy het die reg, om mense te verneder. Imigrante/Suid-Afrikaners voel al klaar verneder omdat hulle by ‘n Provinsiale Hospitaal moet aanklop vir hulp, en ongelukkig word 99% mense so behandel by Provinsiale Hospitale. Jou mensereg word geskend en jy word afgebreek. En glo my dit gebeur by ALLE Provinsiale Hospitale. Ek behandel nie eers my hond so sleg soos die personeel van die Provinsiale Hospitale pasiënte behandel nie. Ek was ‘n paar jaar gelede met my kleinkind wat haar kop oopgeval het, by ‘n Provinsiale Hospitaal se ongevalle, en die dr. se antwoord was gaan sit maar agter in die ry, (Met ‘n 3jarige kind??). Toe ek met die Ongevalle Matrone daaroor praat was haar antwoord: Die minimum wagtyd is 12 ure. SKANDE !!! Hoe was die uiteindelike behandeling en hoe lank het julle toe gewag? Ons moet in gedagte onthou dat die behoefte groot is en ook as dit by ongevalle kom die mense wat in die ergste toetstand is eerste behandel sal word. As jy nou nie rerig ‘n ernstige geval is nie, dan wag jy maar (as jy verniet behandel wil word). Ek dink nie dis onbillik of te veel gevra nie. Hoeveel keer gaan mens in elk geval hospitaal toe, dis regtig net in ernstige gevalle. Vir gewone behandeling kan jy na jou plaaslike kliniek gaan en selfs ‘n afspraak maak. Ek was ‘n paar keer by die kliniek, jy wag ‘n paar uur. Nog elke keer goeie diens gekry maar jy word nie gepamperlang nie. Dis ook nie nodig om die gesondheidsdienste te misbruik nie (party mense gaan vir enige geringe ding dokter of kliniek toe). Ek gaan as dit rerig nodig is byvoorbeeld wanneer die kanse groot is dat bloedtoetse gedoen word. In hierdie geval het ek al duisende rande gespaar vir verniet boedtoetse. Jy praat 50/50 % Marcello. My broer is nou komende Oktober 3jr gelede in n baie lelike motorfietsongeluk in Witbank gewees. Jammer vir die detail en grafiese info maar feite is feite – ek gaan nie al sy beserings noem nie – so le hy toe in n staatshosp – in n koma, skedelbreuk, arm vergruis, been gebreek van pelvis tot by enkel waar sy voet halfpad geamputeer was. Hy het homself uiteindelik doodgebloei na hy heelnag in die ongevalle eenheid gele het terwyl n ander man in die operasie kamer was met n skietwond en toe uiteindelik ook oorlede is. Wie is die mees ernstigste pasient in die geval? Let wel – Daar is net 1 werkende teater gewees… My pa daarenteen in in Feb hierdie jaar oorlede (metastatic carcinoma) en die staatshosp waarheen ek hom geneem het in my woondorp het hom nou weer baie goed behandel. Nie alle staatshosp is net sleg nie. Maar ja – wanneer mens mediese hulp benodig dan moet jy seker maar tevrede wees met wat jy kry op die stadium. Ek stem saam met die L U R.Eerstens is die buitelander seker onwettig in die land en tweedens maak die Immigrasiewet voorsiening vir ‘n mediese visum om mediese behandeling in SA te ontvang.Die regering het nog altyd gratis mediese dienste aan die mense verskaf en hulle beskou dit nou as ‘n reg en nie ‘n voorreg nie. Die saak het twee kante of selfs meer. Is waar ja – myne – joune en die waarheid. As jy iemand se ware karakter wil sien, gee hom/haar ‘n magsposisie. Baie waar! Die vroumens is arrogant en kan nog hoër poste beklee. Dis yswekkend. Baie waar. En die klomp “dokters” staan en lag vir haar tirade? Mag haar en die ander se pad NOOOOOIT met myne kruis nie. Eerste keer dat ek n ANC Kader ondersteun. Viva tannie! “No illegal foreigner in Africa”, sê die ou wat die video op YouTube geplaas het. Dis die siening van baie mense in Afrika, of jy saamstem of nie. Dit beteken nie dis reg nie. “onvoorspelbare hoë aantal ongedokumenteerde migrante uit buurlande” Hierdie is nog ‘n direkte gevolg van ANC beleid. Hulle ontoereikende IK’s laat hulle nie toe om die gevolge van hulle onnosel besluite te voorsien nie. Sy vuur zenofobia aan. Sy behoort aangekla te word. Dis ook nie asof sy lief is vir Afrikaners nie, al het haar fan club hier ‘n hupstoot gekry. Oor ‘n paar jaar van nou af dryf sy NGV. Dan moet jy die klaagliedere hoor. Ons mense dink ook nie juis vorentoe nie. Suidlander, moenie ooit weer kla vermorsing van belasting geld nie. Want die immigrante betaal nie belasting nie, maar soek gratis basiese dienste. Die uitlanders roof en vermoor onse mense. Darem EEN VROU met verstand! Sy kan insien wat die hele regering nie kan insien nie! BRAVO AAN Phophi Ramathuba, Sy is reg, hulle verwoes alles in hulle lande, en ons belasing betalers moet ps staan… Sy is my nuwe Hero Viva, stem ANC. Ha Ha Ha – lekker hardop lag ek nou Ek stem saam met die LUR, MAAR haar eie regering is besig met ‘n Nasionale Gesondheid Sorg program, wat presies beoog waar teen sy haarself uitspreek. Hulle beoog dat die 9% met medies die 91% befonds! Gaan le jy in n Staats hospitaal as n S.A. burger en kyk of jy binne n week of twee geopereer sal word.Nee.Ons as burgers van die land wag maande self jare vir n operasie.Die LUR kort n medalje vir haar uitspraak.Ek was gister by BB .Boksburg hospitaal dit is n skande hoe dit lyk en jy moet jou eie beddegoed saam hospitaal toe vat en as jy n diabeet is kry jy tee met suiker al se jy, jy mag nie suiker in neem nie en jy kry stampmielies en hoender of brood om te eet. Die waarheid is gewoonlik ‘n bitter pil om te sluk…. Sys doodreg. Ons land steier op sy laaste bene en dan kort ons nog onwettige immigrante ook onderhou wat in hul hordes hiernatoe stroom. Dis nie ons skuld Zim se leiers het hul land ook in sy maai in die grond gedryf met hul magsbehepthrid en gulsigheid nie.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/onwettige-sigarette-kos-sa-miljarde/
Suid-Afrika verloor jaarliks miljoene rande weens die verkoop van onwettige sigarette. Trouens, luidens ʼn onlangse studie deur die Universiteit van Kaapstad het dít Suid-Afrika sedert 2010 altesame R100 miljard gekos. Die studie is gelei deur dr. Nicole Vellios en prof. Corné van Walbeek. Hul bevindings is onlangs in die BMJ Open Based-joernaal gepubliseer. Die navorsing is deur die Bill & Melinda Gates-stigting deur middel van die African Capacity Building Foundation gefinansier. Vellios, wat verbonde is aan die universiteit se navorsingseenheid oor die ekonomie van aksynspligtige produkte (Reep), sê in 2022 het die regering R17,6 miljard aan aksyns- en BTW-inkomste weens die verkoop van onwettige sigarette verloor. Volgens haar sou dié bykomende inkomste ʼn verdere 1% bygedra het tot die totale inkomste van die land. “As ons na ʼn langer tydperk kyk – vanaf 2002 tot 2022 – is die totale aksynsinkomste [wat verlore gaan] R119 miljard.” Volgens Vellios se navorsing het die regering sedert 2010 ʼn duidelike afname in inkomste weens die sluikhandel in sigarette ondervind. In dié jaar het die onwettige mark in sigarette veral begin toeneem. “Ons het geskat dat die onwettige mark in 2009 5% van die algehele mark uitgemaak het. In 2021 het dié syfer tot 60% gestyg.” In die daaropvolgende jaar het onwettige sigarette 58% van die algehele mark verteenwoordig. Vellios en Van Walbeek het gekyk na die verskil in die hoeveelheid sigarette wat self as verkoop aangemeld is, en die hoeveelheid wat wettig aangekoop is. Hulle het verder in berekening gebring dat sommige rokers dalk sou ophou rook of minder rook namate die prys van sigarette gestyg het. Hieruit het Van Walbeek opgemerk dat hoë aksynsbelasting minder doeltreffend is in ʼn mark wat so ʼn uitermatig hoë persentasie van onwettige sigarette bevat. ʼn Groot onwettige mark skep ook verdere probleme, nie net omdat dit vir rokers goedkoper is nie, maar ook omdat dit jonger rokers lok. “Dit is dus van kritieke belang om die beskikbaarheid van onwettige sigarette te verminder,” het Van Walbeek gesê. Hoewel dit maklik is om ʼn pakkie onwettige sigarette uit te ken, meen Vellios en Van Walbeek dat die regering nie genoeg doen om wetgewing hieroor af te dwing nie. Hulle het spesifiek verwys na Suid-Afrika wat nog nie sy protokol om die onwettige handel in tabakprodukte uit te wis, bekragtig het nie. Dié protokol is ʼn internasionale verdrag wat daarop gemik is om alle vorme van onwettige handel in tabakprodukte uit te roei. Lande wat hulle daartoe verbind, onderneem onder meer om lisensievereistes en ʼn nasporingstelsel vir alle tabakprodukte in te stel. “Indien die SAID nie die vloei van takbakprodukte van die begin tot einde deur die produksie- en verskaffingsnetwerk kan nagaan nie, sal hy voortgaan om inkomste te verloor.” Dink daar word genoeg belasting betaal op kos ens as dit mog aangewend word soos dit moet isdit seker aander saak so los maar die goekoper sigrette sonder die belasting en aksyn geld Siestog, Shame en foeitog…….LMAO Die 1% sou ook maar net ingesluk geword het deur korrupsie. Sou nie verskil gemaak het ons ekonomie nie. Tydens COVID het die regering dit duidelik gemaak dat hulle nie die belasting nodig het nie. Jaar na jaar verhoog belasting dan ook op sigarette. Dit is mos om te vra vir ‘n onwettige mark, met nog hoë persone in die regering wat moontlik betrokke kan wees, en ‘n totale wanfunksionele grens en beheer, sal die uiteinde mos altyd dieselfde wees. Ek, wat terloops 2 jaar terug opgehou het, het tydens COVID weer en weer gewaarsku oor die feit dat onwettige sigarette na die pandemie meer sal gekoop word omdat die verbod op verkope, mense na onwettige “brands” gedryf het, en hulle het gewoond geraak daaraan, is mos net af gelag. Nou lag ek maar. Daai 1% sal niks verskil gemaak het nie. Dit sou ook net weg geraak het Was daar nie ‘n minister se seun of of familie betrokke by onwettige siggarette smokkel nie? Hoeveel het sy wins gemaak hieruit? Haal die onnodige belasting van sigarette af, sodat daar ‘n laer prys verskil is tussen wettig en onwettige sigarette. Die A en C het hierdie deur oop gemaak met Covid, so moennie huil nie. En DRANK (ALKOHOL!)? Klim tog van julle alewige rook-karretjie af! Drank foeter ander se lewens op, dit ruïneer individue, maar veral ook gesinne/families/kinders/padgebruikers…onskuldiges se lewens! Kan julle ou hamertjies nie asb. op ʼn ander aambeeld begin tik nie? Julle raak vervelig! Koos10, tydens die Covid pandemie het mev Zuma die pad oopgemaak vir haar seun om die onwettige smokkelary te bedryf. Nou gaan dit te lekker. Steeds deel van staatskaping. Teenoor wettig se pryse, koop ek eerder onwettige sigarette. Monkey see monkey do. Soos A en C.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/meer-mense-kan-nou-na-australie-emigreer/
Australië se minister van binnelandse sake, Clare O’Neil, het Vrydag op Twitter ’n uitnodiging aan vaardige mense wêreldwyd gerig om na dié land te emigreer en ’n Australiër te word. Haar inskrywing op Twitter volg kort nadat O’Neil by ʼn beraad oor werk en vaardighede aangekondig het dat die land 35 000 meer immigrante onder sy permanente immigrasieprogram sal inneem en visums vir buitelandse werkers bespoedig om gapings in die arbeidsmark te vul. Australië sal nou sy immigrasielimiet van 160 000 tot ʼn rekord 195 000 plekke verhoog, waarvan 4 700 werksgeleenthede vir gesondheidwerkers is. “Ons wil hê die beste en slimste mense van regoor die wêreld moet hier woon – en ons wil hulle nooi om Australiërs te word,” het O’Neil op Twitter gesê. Die land mik nou na ʼn immigrasiestelsel wat “geskik is vir die 21ste eeu” en die land kan “help om te floreer”. “Ons het ʼn werklike en eenmalige kans om dit reg te kry.” We want the best and brightest minds from around the world living here – and we want to invite them to become Australian. An immigration system that is fit for the 21st century and can help our country flourish. We have a genuine, one-off chance to get this right.— Clare O'Neil MP (@ClareONeilMP) September 2, 2022 In nog ʼn twiet sê O’Neil dat hulle nie kan toelaat dat Australië agterraak nie. “Immigrasie het Australië gebou, en ons het dit nodig om ons nasie te herbou om die uitdagings te hanteer wat die volgende dekades na ons kant toe slinger.” We can’t let Australia fall behind. Migration built Australia, and we need it to rebuild our nation for the challenges the decades ahead will throw at us. pic.twitter.com/kDQgXe8VdG — Clare O'Neil MP (@ClareONeilMP) September 2, 2022 O’Neil het in haar toespraak spesifiek gepraat oor die rol wat kundige immigrante kan speel om die ernstige tekort aan vaardighede in die land te takel. “Australië se [huidige] migrasiestelsel voldoen nie aan ons behoeftes nie. En ek dink ons moet dit verander, want die komende 30 jaar sal vir Australië baie anders lyk as die afgelope 30 jaar,” het sy tydens Vrydag se beraad gesê. Sy meen Australië moet nou wegbeweeg van ʼn stelsel wat amper heeltemal daarop gefokus is om mense uit te hou, na een wat erken dat “ons in ʼn wêreldwye oorlog vir talent is”. BBC berig dat die Covid-19-pandemie en Australië se streng grensbeleid die tekort aan personeel in verskeie sektore vererger het. Luidens die berig het Australië tans 480 000 werksgeleenthede landwyd beskikbaar. Met die land se werkloosheidsyfer wat byna die laagste in 50 jaar is, sukkel werkgewers om gapings in die arbeidsmark te vul. Die gasvryheid- en handelsbedryf en die gesondheid- en landbousektore is veral hard getref. O’Neil het Vrydag verder gesê dat werkstekorte onder meer chaos by lughawens veroorsaak, vrugte aan bome laat vrot en uiters hoë druk op die gesondheidsorgstelsel plaas. “Ons fokus is altyd werk vir Australiërs eerste… maar die impak van Covid-19 was so erg dat selfs as ons elke ander moontlikheid uitput, ons steeds ʼn tekort aan duisende werkers sal hê, ten minste op kort termyn.” Permanente immigrasie het tussen 2010 en 2016 tot ongeveer 190 000 per jaar gestyg, voordat dit in 2017 gedaal het, aangesien immigrasie die middelpunt van ʼn politieke debat geword het. Ondanks die afname in immigrasie het meer as ʼn miljoen mense sedert 2016 na Australië geemigreer. BBC berig Australië se bevolkingsopname het boonop vir die eerste keer onthul dat meer as die helfte van die bevolking in die buiteland gebore is, of ’n ouer het wat oorsee gebore is. Die regering beloof nou om miljoene dollar beskikbaar te stel om bykomende personeel aan te stel om die groot agterstand in visums vir buitelandse werkers in te haal. Die feit dat daar meer werksgeleenthede as werkers is, is n konsep wat ons hier in SA nie sal kan verstaan nie.
[]
https://hulpmetskuld.co.za/die-donkerkant-van-skuldberading/
25 May Die Donkerkant Van Skuldberading Is jy finansieel in die knyp? Met die stygende kos pryse en brandstof en alles wat net onbekostigbaar word begin jy wonder of skuldberading nie dalk ’n uitweg is nie. Dan onthou jy van iemand wat vir jou vertel het van iemand wat hulle ken wat al vir twintig jaar onder skuldberading is en net nie daar uitkom nie. Jy wil nie jou huis of jy motor verloor nie, maar sjoe twintig jaar is darem lank. Kom ek stop sommer net hier die twintig jaar leuen wat ek tot vervelings toe hoor. Alhoewel die kredietwet in 2005 geskryf was, het skuldberading eers in 2007 begin. Dit beteken dat daar nie een persoon in hierdie land kan wees wat al vir twintig jaar onder skuldberading is nie aangesien skuldberading eers in 2027 twintig jaar gaan oud wees. Wat is dan die storie? Hoekom sê mense dan dat hulle kom nie uit die skuld uit nie? Twee redes. Rede een, hulle hou op om te betaal. Krediteure vra rente. En rente is soos konyntjies. Dit vermenigvuldig en vermenigvuldig en voor jy jou oë kan uitvee skuld jy skielik R20 000 op die R10 000 wat jy oorspronklik geleen het. Is dit wettig? Ongelukkig ja. Rede twee, die bedrag wat hulle maandeliks betaal is te min. Daar is skuldberaders en ongelukkig is daar ook die agent wat werk vir ’n inbelsentrum. Die skuldberader sê vir jou dat jy byvoorbeeld R2000 per maand gaan moet betaal om uit die skuld uit te kom. Die agent by die inbelsentrum voel soms vere vir die kliënt en is net gepla oor die kommissie wat hulle moet verdien, dus vertel hulle vir jou jy kan net R1200 betaal vir jou skuld. En waar teken jy op? By die persoon wat vir jou die kleiner bedrag geoffer het. Wat die agent “vergeet” het om vir jou te sê of tien teen een nie eers weet nie is dat die bedrag van R1200 per maand nie genoeg is om die rente van jou skuld te dek nie. Ter verduideliking, kom ek maak gou vir jou ’n sommetjie. Gestel die rente wat jy op daardie R2000 skuld moet betaal is R1300 per maand. Die kliënt wat by die inbelsentrum agent opgeteken het se uitstaande skuld gaan na ’n jaar baie meer wees as wat hulle geskuld het voordat hulle aansoek gedoen het vir skuldberading. Die kliënt wat opgeteken het vir die R2000 per maand betaal sy rente, maar betaal ook R700 per maand af aan sy skuld se balans. En dit is hoekom die R1200 kliënt sê dat skuldberading is sommer nonsens en die R2000 kliënt dat skuldberading gehelp het. Is skuldberading die antwoord vir almal? Ongelukkig nie. Almal se situasies verskil. Hulp met Skuld offer ’n gratisskuld assessering. Kontak ons gerus om te sien of skuldberading vir jou gaan kan help. No Comments Sorry, the comment form is closed at this time.
[ [ "[]", "http://hulpmetskuld.co.za/(https://hulpmetskuld.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Blog-5.jpg)" ] ]
http://af.qingdaohenston.com/introduction-to-g364-sakura-red-stone-product/
Inleiding tot G364 Sakura Red Stone BUITENHUIS Vloerbedekking / Muurmontering / CURB 1. Die kersiebloeiselrooi graniet het 'n digte struktuur, hoë druksterkte, lae waterabsorpsie, hoë oppervlakhardheid, goeie chemiese stabiliteit, sterk duursaamheid, maar swak brandweerstand. 2. Kersiebloeiselrooi graniet het 'n korrelstruktuur van fyn, medium of growwe korrels, of 'n porfiritiese struktuur.Sy deeltjies is eenvormig en dig, met klein gapings (porositeit gewoonlik 0,3% tot 0,7%), lae waterabsorpsie (waterabsorpsie gewoonlik 0,15% tot 0,46%), en goeie rypweerstand. 3. Graniet het 'n hoë hardheid, met 'n Mohs-hardheid van ongeveer 6 en 'n digtheid tussen 2.63g/cm3 en 2.75g/cm3.Sy druksterkte wissel van 100-300MPa, met fynkorrelige graniet wat meer as 300MPa bereik BINNENHUIS Vloerbedekking / Muurmontering / Werkblad, Trap, Wasbak Kersiebloeiselrooi klip het nie net helder kleure nie, maar het ook 'n harde en duursame tekstuur, wat dit 'n hoë-end dekoratiewe materiaal maak.Kersieblomrooi klip het ook die eienskappe van waterdigte, vogbestande en suur- en alkaliweerstand, dus word dit dikwels in klam omgewings soos kombuise, badkamers en balkonne gebruik.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/drk-en-suid-afrika-beplan-veiligheidsverdrag/
Felix Tshisekedi, die Kongolese president, het Donderdag gesê hy beplan om ʼn veiligheidsooreenkoms met Suid-Afrika te onderteken, aangesien gewapende magte steeds dele van die onstuimige en gewelddadige oostelike dele van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) beset. Tshisekedi het tydens ʼn nuuskonferensie saam met pres. Cyril Ramaphosa in die hoofstad Kinshasa verduidelik dat diٞé ooreenkoms die “vorm van ʼn wedersydse verdedigingsverdrag kan aanneem”. Die Kongolese president het die wedersydse verdedigingsverdrag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) as ʼn potensiële model uitgelig, sonder om verdere besonderhede te bespreek. “Ons sal in die volgende paar dae of weke meer weet,” het Tshisekedi gesê. Die DRK en Suid-Afrika is albei lede van die SAOG, wat uit 16 lidlande bestaan. Ramaphosa het op sy beurt onderneem om voort te gaan om die DRK te help om onsekerheid en armoede te beveg. “Ons is gewillig, voorbereid en altyd gereed om die DRK te ondersteun soos ons in die verlede gedoen het en ons sal voortgaan om dit te doen,” het Ramaphosa gesê. “Ons gaan ook daardie verhouding versterk met ʼn bilaterale ooreenkoms oor veiligheid en verdediging.” Gewapende groepe het ʼn groot deel van die mineraalryke oostelike DRK vir drie dekades geteister, ʼn nalatenskap van streeksoorloë wat in die 1990’s en 2000’s opgevlam het. Die M23 het dele van die gebied in Noord-Kivu verower sedert hy in 2021 weer die wapens opgeneem het ná jare van onaktiwiteit. Die rebelleveldtog het meer as een miljoen mense verplaas. Die DRK het sy kleiner buurland Rwanda herhaaldelik daarvan beskuldig dat hy die Tutsi-geleide M23 ondersteun, ’n aanklag wat dié land ontken. Die VSA en verskeie ander Westerse lande, sowel as onafhanklike VN-kundiges, stem egter saam met die DRK se beoordeling. Tshisekedi het Donderdag gesê hy is nie gekant teen dialoog om die konflik te beëindig nie, maar dat hy weier om met die “strooipoppe” in M23 te praat. Groot bek ! Hy kan nie onsekerheid en armoede in sy eie land beveg nie! Inteendeel hy kan niks beveg nie ! Ja Cyril, jy moet seker jou belange beskerm daar in al die myne. Wanneer Suid Afrika ander lande kwansuis wil help met armoede bars ek outomaties uit van die lag. Ek lag só erg dat die trane by my bene afloop. Hy kan nie eers armoede in sy eie land beveg nie. Vir ‘n oomblik gedink dit is 1 April. Ek kan dit verstaan. Mentaliteit van beide regerings stem ooreen. Dit is ongelukkig nie ‘n kompliment nie Hoekom nie eers die gemors, armoede, wetteloosheid in sy eie land aanspreek. ANC wil oral alles oplos maar vernietig SA. Wil net op tv verskyn maar beteken niks. Dis nie domgeit dis so beplan.Hy wil tog so belangrik lyk. DRK, SA se eie Vietnam. Ons veg al jare n oorlog in n land vêr van ons af. Julle verstaan nie vir Cyril nie. Onthou, ‘n dom ou kry nie swaar nie, dis die mense om hom wat swaar kry! Kyk hoe lekker gesels die Mafia’s met mekaar. “Ramaphosa het op sy beurt onderneem om voort te gaan om die DRK te help om onsekerheid en armoede te beveg” Wat ‘n grap! Hy kan nie eers sy eie land bestuur nie, als is ten gronde. Hy SELF is die oorsaak dat werkloosheids syfers die hoogte in geskiet het, armoede onder SA burgers vermeerder het en kriminele die land oorgeneem het. En wie finansier hulle speletjie????? Plaas dat hy hom bepaal by die haglike omstandighede van sy eie land – armoede, werkloosheid, wetteloosheid, korrupsie, misdaad, gebrek aan dienslewering, veiligheid, om maar net ‘n paar te noem. Die arme belastingbetalers moet bly betaal en ons kry niks in ruil daarvoor nie. bla blah dit is al wat Ramaphosa kan doen (Ramaphosa het op sy beurt onderneem om voort te gaan om die DRK te help om onsekerheid en armoede te beveg.) Ons eie land onder sy bewin is rowers spelonk en besig om verwos te word. En wie betaal vir die storie??SA se bietjie belasting betalers ,maar CR kan nie eers sy eie land se veiligheid beheer nie!! OM VAN NAAR TE WORD. Julle president is op een lang vakansie Kort kort in n ander land behalwe in sy eie land waar dit saak maak Maar my, kan ons eers “onsekerheid en armoede” in ons eie land beveg? Dis altyd eers iemand anders se beurt Hey Ramauseless, bepaal jou aandag by jou eie kriminele VIPs wat onskuldige burgerlikes op die N1 aanval en los ander lande uit om hulle eie gemors op te klaar!!!!! Ek vra nou die dag n karwag van die DRK hoekom hy nie in sy eie land werk nie, maar hier. Hy sê hulle baklei daar vir die minerale en sé toe vir my van n vorige Prez en baie blankes wat myne daar het en groot geld is betrokke. Nou ja…
[]
https://vaandel.co.za/product/covid/
ISBN: — Pubikasie Datum: Februarie 2022 78 Bladsye Formaat: PDF Hierdie Publikasie is gratis. Klik asseblief op die onderstaande skakel om af te laai. Hierdie publikasie is hoofsaaklik ‘n samevatting van gebeure oor die laaste twee jaar. In werklikheid van 2008 af met die N1H1 virus. “Follow the money” soos die engelse uitdrukking is, en dit is seker die beste advies wat ‘n mens enige iemand kan gee wat agter die kap van die byl wil kom. Aangesien daar nog vorentoe heelwat nuwe verwikkelinge gaan wees in die sogenaamde “epidemie” is daar besluit om die publikasie sover moontlik in die toekoms op datum te hou. ‘n Lys van veranderinge en korreksies sal hieronder verskyn met elke nuwe uitgawe. Enige iemand wat dalk ‘n fout, vermiste skakel, foutiewe inligting of enige iets anders raaksien, kan ons gerus kontak. Bronne wat aangehaal is, asook enige verwysing na studies, word direk in die betrokke paragraaf na verwys deur skakels. Dit help hopelik lesers om makliker verder op te lees of om die betrokke skakels met ander te deel. Dit is skokkend om te sien hoe min mense regtig weet of wil weet wat aangaan – selfs onder sommige van ons eie volksgenote! Nietemin hoop ons die boekie help om ‘n paar mense om tot die waarheid te laat kom. WEERGAWE 1.1 (FEB 2022) Bl 11. – Skakel na artikel: “Yes, HCQ is scientifically proven against Covid” Bl. 13 – Foto van Dr. Malone Bl. 21 – Typo Bl. 26 – Skakel reggemaak Bl 29 & 30 – Foto’s geskuif Bl. 32 – Skakel na dreigmente aan Angelique Coetzee Bl. 37 – Geldmag en BlackRock word bespreek. Bl. 51 – Byram Bridle studies | ACE2 reseptors Bl 56 – HIV behandeling bygesit Bl 57 & 58 – Aborsie Teks aangepas Bl. 59 – Foto van Luke Montagnier Bl. 61 – Hartaanvalle in Sport bygesit
[]
https://vaandel.co.za/tag/nicolaas-i/
Daar word die afgelope dae druk in die korporatiewe media en veral op sosiale media gepraat van die moontlikheid dat ons ons op die vooraand van die Derde Wêreldoorlog bevind. En miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag in diepte daarna kyk. Baie van wat hier gesê word, is miskien al aan u bekend. Maar ‘n paar nuwe gedagtes én insette wat bykom, gee dalk vir ons ‘n duideliker prentjie van waar ons op die profetiese lyn staan. Ons wag nog net vir die laaste strooi wat die kameel se rug gaan breek. Continue reading Die Krimoorlog, Turkye en Rusland
[ [ "[]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2016/02/Syrian-warplane.jpg)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/growwe-mieliemeel-en-uie-broodjie/
GROWWE MIELIEMEEL EN UIE BROODJIE Heerlike growwe broodjie gebak die foto is nie so mooi nie, maar die broodjies was regtig lekker en iets anders saam met braaivleis. 1.5 koppies koekmeel - 2 koppies mieliemeel - ½ koppie semels - 1 pakkie bruin uiesoppoeier - 1 teelepel bakpoeier - ½ ui, fyn gekap - vars kruie van jou keuse, ek het pietersielie, sprietuie, tiemie en origanum saam fyn gekap - 1 eier - 200 ml melk - 200 ml sodawater - bietjie gerasperde kaas - Voor verhit die oond tot 180ºC. Meng al die droë bestanddele, uie en kruie saam. Klits die eier en melk saam en meng die sodawater daarby. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en meng deur tot al die bestanddele goed gemeng is, indien die mengsel bietjie droog lyk, voeg nog bietjie melk by. Dit is ‘n slap deeg maar nie pap nie. Skep die deeg in ‘n voorbereide broodpannetjie (25 x 10 cm), maak gelyk en sprinkel met bietjie paprika. Bak vir ongeveer 1 uur tot toetspen skoon uitkom. 10 minute voordat die brood uitgehaal word uit die oond uit, sprinkel bietjie kaas oor en laat net smelt en effens verbruin. Resep en foto: Rina Kleinhans
[]
https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/plaasjapie-die-deelnemer-pak-self-haar-tas/
“Die oomblik toe ek my hand opgesteek het en self gevra het om die kompetisie te verlaat, het dit gevoel of ʼn reuselas van my skouers af is. Ek het skoon hoendervleis gekry.” Só sê Suzette H, die 55-jarige Plaasjapie-deelnemer wat kykers van dié nuwe kykNET-reeks Donderdagaand verbaas het toe sy vir die programaanbieder, Ewan Strydom, gesê het sy voel dat haar tyd op die plaas tot ʼn einde gekom het. In Plaasjapie verruil 18 deelnemers hul gemaklike stadsnessies vir ʼn primitiewe plaasbestaan in die Swartland aan die Weskus vir ʼn kans om R1 miljoen te wen. Suzette se skokbesluit om self dié kompetisie te verlaat volg nadat sy en haar Noubeesspanlede, wat tans uit Leon-Nene, Dian, Cecil en Bean bestaan, vir die eerste keer in ʼn lang tyd een van die daaglikse uitdagings in dié televisieprogram verloor het. Sy het aan Maroela Media erken dat sy reeds vroeër die kompetisie wou verlaat het en veral in haar laaste twee dae op die plaas gevoel het of daar ʼn teiken op haar rug is. “Ek het my seun se troue gemis om aan Plaasjapie deel te neem en dinge het van daardie dag af vir my afdraande begin gaan. Ek het selfs af en toe gewens dat my span ʼn uitdaging verloor sodat ek moontlik die trekpas kon kry want die verwyt en verlange het net ʼn bietjie té veel geraak.” Suzette, wat van Kroonstad in die Vrystaat kom, glo haar ouderdom het moontlik teen haar in dié kompetisie begin tel. Dié trotse ma van vier en ouma van nege sê sy wou egter aan haar familie én die publiek bewys dat mense ouer as 50 steeds “op en wakker kan wees” en sy glo sy het haar doelwit bereik. “As ʼn mens 50 tref word jy skielik deur sommiges as ʼn ‘bejaarde’ gesien en ek het besluit om aan Plaasjapie deel te neem juis om te wys ʼn mens kan steeds werk en dinge bereik, ongeag jou ouderdom.” Dié Vrystater het meer as een keer gewys wat in haar steek en veral tydens die boeresportkompetisie bewys dat ouderdom haar nie terughou nie. Boer Ewan het dié sentiment beaam en aan die einde van Donderdagaand se episode gesê dat Suzette “beslis haar sout werd was”. “Ek dink ek het beslis my kant op die plaas gebring, maar ek is 15 jaar ouer as die jongste persoon in my span, en het maar myself soms eenkant gehou. Toe iemand die ouderdomskaart uitgepluk het, het ek net besluit dat familie vir my baie meer werd as om myself verder op die plaas af te sloof.” Die besluit om te onttrek is egter nie ligtelik geneem nie. “Ek het baie gewik en geweeg, maar op die ou einde was dit ʼn gebedsaak. Niemand behalwe ʼn vervaardiger het geweet dat ek dit oorweeg om te loop nie. Ek dink ek self was nog onseker tot die oomblik wat die stemproses moes begin het.” Haar tyd op die plaas was nie te vergeefs nie en sy vertel dat haar kinders trots is om hul ma op die kassie te sien. “Ek het ʼn ongelooflike ervaring gehad en ek is nie spyt oor my besluit nie. Nadat ek ook gehoor wat die prysgeld vir van my ander spanlede kon beteken, het ek ook geweet ek maak die regte besluit om te onttrek.” As sy haar sin kry sal haar spanmaat Bean, ʼn musiekpromotor en avontuur-entrepreneur van Wes-Kaap, die R1 miljoen aan die einde van die kompetisie in sy sak steek. “Bean se hele lewe en loopbaan is deur die pandemie platgetrek, so ek dink hy verdien beslis die prysgeld. Ek het vreeslik van hom gehou en dit ook so geniet as hy my ‘mamma Suzette’ genoem het want dit het vir my gevoel asof een van my kinders met my praat.” In Donderdagaand se episode moes die spanne mekaar uitdaag om te sien wie die meeste botter in ʼn uur kon maak én ʼn ingewikkelde hindernisbaan takel om die koöperasie-kuier te vermy. Danksy Suzette se onttrekking is daar egter nie nóg ʼn spanlid uit Noubees gestem nie en die twee kompeterende spanne se getalle is weer gelykop. Plaasjapie word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai.
[]
https://nfscaregivers.co.za/index.php/in-die-kollig/solidariteit-toekenning
SOLIDARITEIT TOEKENNING ‘Onwrikbare geloof dra NFSCG’ KROONNUUS - Deur Thurter 15 September 2015 | | FELICITY COMBRINCK, voorsitter en stigterslid van die Northern Free State Care Givers (NFSCG) dra die kroon as nasionale wenner in ’n landswye kompetisie van Solidariteit Helpende Hand. Sy was die gunsteling om die Silwerkroon-eerbewys vir bejaardes wat vir meer as vyf jaar aaneenlopend ’n verskil in hul gemeenskap maak te ontvang. Dié oorkonde is Donderdag (10/09) op ’n glansgeleentheid in die Arcadia-gastehuis in Kroonstad deur Vanessa Marais, streekorganiseerder van Helpende Hand in die Vrystaat, aan haar oorhandig. Spesiale gaste is deur Combrinck na die geleentheid genooi. Marais het Combrinck as ’n waardige wenner beskryf. “As jy sukses wil bereik, moet jy geleenthede aangryp,” het Marais gesê. Combrinck het aan die begin van die stemproses reeds uitgeblink. Dit is noodsaaklik dat die vereistes vir inskrywing nagekom word en in die benoeming duidelik aangedui word dat die Koninkryk van God in die benoemde se werksaamhede uitgebrei word. Dít doen Combrinck sonder om twee keer te dink. Marais sê Helpende Hand se oogmerk is nie om mense lukraak te voed nie, maar om hulle te bemagtig. Helpende Hand gee die spreekwoordelike visstok vir die mense en nie die visse nie, sê JB Joubert, takvoorsitter van die Kroonstadse Helpende Hand-tak. “Die fokus bly om armoede te verlig, te voorkom en te beëindig.” Volgens Marais begin dié proses reeds by kleuters wat in die huidige swak ekonomiese klimaat in Suid-Afrika ’n toekoms vir hulself moet uitkap. Kinders word beurse aangebied en selfs getoets in ’n loopbaanrigting. Met die R50 per maand waarmee inwoners Helpende Hand kan ondersteun, word teruggeploeg in die gemeenskap waaruit skenkings kom. Marais het gesê die doelwit is die verligting van armoede, maar dit is ook noodsaaklik om erkenning te gee aan dié wat volhoubaar ’n positiewe verskil in gemeenskappe maak. Talle bejaardes is weerloos, verwaarloos, ’n teiken vir uitbuiting en sukkel om kop bo water te hou. “Ons kyk ook na dié mense wat die winterjare met waardigheid wil leef.” Die kriteria waarvolgens die ses finaliste nasionaal aangewys is, het ingesluit dat die mense wat benoem is, ouer as 60 jaar moes wees en onbaatsugtig mense bemoedig en bemagtig. Dít doen Combrinck en haar span tuisversorgers met oorgawe. Tuisversorgers word opgelei om terminaal siek kankerpasiënte te versorg. Hul lewensgehalte en waardigheid kry boonop ’n hupstoot omdat hulle betaling kry en diensbare werk doen. Combrinck het gesê sy kan nie alleen die eer kry nie. Inteendeel, sy bring lof aan die Hemelse Vader wat haar in 2007 reeds gewys het dat sy as maatskaplike werker eers die klerehandel moes bemeester om die vertroue te wen van die mense wat NFSCG nou ondersteun. “Almal het verskonings as hulle geroep word om iets te doen. My verskoning was dat ek nie geld gehad het nie. God het egter aan my ’n belofte gemaak dat ek nie daaroor hoef te bekommer nie, want Hy het ’n meesterplan vir my droom om tuisversorging vir terminaal siek pasiënte te bied.” Combrinck word omring met mense wat die werksaamhede van die NFSCG moontlik maak. By uitstek noem sy die naam van haar regterhand, sr. Adri van Heerden. “Sy skroom nie om ’n sterwende pasiënt by te staan wanneer ek haar in die middel van die nag bel nie. Ons bad en trek die sterwende mens die klere aan wat deur die familie uitgekies is en bly by die pasiënt totdat die laaste asem uitgeblaas is.” Sy sonder haar man, Carel, uit as die man wat haar onvoorwaardelik bystaan en die eerste borg gebied het vir die druk van pamflette om die NFSCG in die gemeenskap bekend te stel. Cash en Hermien Truter het haar ook op talle wyses bygestaan om die NFSCG aan die gang te kry. Hul bied onder meer verblyf kosteloos aan tuisversorgers in die dorp. Combrinck sê skenkers aan die NFSCG kan gerus wees dat die geld net in hul eie gemeenskap gebruik word. Uitgawes is tans sowat R60 000 per maand. Jaap Grobbelaar, ’n rekenmeester, hanteer die geouditeerde state van die NFSCG gratis. Cathy Lubbe, die NFSCG se sekretaresse, wat self ’n kankerlyer is, en haar man, Pieter, neem die administrasie van die NFSCG waar. Cathy het Combrinck vir die Silwerkroon-eerbewys benoem. Combrinck het ook Kroonnuus bedank vir die volgehoue beriggewing oor NFSCG se werksaamhede. Spesiale vriende van haar, Werner en Marcia Relling, wat haar in ’n tyd van radeloosheid ’n werk as die bestuurder van die vroueafdeling by Rellings aangebied het, het haar opgehef en waardigheid gebied toe dit die nodigste was. Die werksaamhede van Combrinck en haar span begin om 04:30 as sy die tuisversorgers by die onderskeie plekke waar hulle na terminaal siek pasiënte omsien, na en van hul werk- en woonplekke, vervoer. Sonder geldelike steun van die regering moet die NFSCG al die uitgawes X soos die koop van volwasse doeke, medikasie, vervoer en ander noodsaaklikhede X vir die menswaardige versorging van pasiënte dra. “Hoe kry ons dit reg? “Deur onwrikbare geloof,” benadruk Combrinck. “Nog nie een keer het ek slapelose nagte oor geld gehad nie. God voorsien. As ons die laaste paar doeke in voorraad uitdeel, daag iemand met ’n skenking op. “Dit is hoe ons God ons instansie seën.”
[ [ "[]", "http://nfscaregivers.co.za/()" ], [ "[]", "http://nfscaregivers.co.za/()" ] ]
http://af.qingdaohenston.com/news/taking-you-through-the-rocks-granite/
Graniet is die mees wydverspreide tipe rots op die oppervlak.Dit vorm die grootste deel van die hoogs ontwikkelde kontinentale kors in terme van sy chemiese samestelling en is 'n belangrike merker wat die Aarde van ander planete onderskei.Dit bevat die geheime van die groei van die kontinentale kors, die evolusie van die mantel en kors, en met minerale hulpbronne. In terme van genese is graniet 'n diep indringende suur magmatiese gesteente, wat meestal as 'n rotsbasis of -stam geproduseer word.Dit is nie moeilik om graniet aan sy voorkoms te onderskei nie;sy kenmerkende kenmerk is sy bleek, meestal vleesrooi kleur.Die belangrikste minerale waaruit graniet bestaan, is kwarts, veldspaat en mika, so baie dikwels sal die kleur en glans van graniet verskil na gelang van die veldspaat, mika en donker minerale.In graniet maak kwarts 25-30% van die totaal uit, dit het die voorkoms van 'n klein glasie met 'n vetterige glans;kaliumveldspaat is verantwoordelik vir 40-45% van die veldspaat en plagioklaas 20%.Een van die eienskappe van mika is dat dit met 'n naald langs die dekonstruksie in dun vlokkies verdeel kan word.Soms gaan graniet gepaard met paramorfiese minerale soos amfibool, pirokseen, toermalyn en granaat, maar dit is ongewoon of nie maklik opgespoor nie. Die voordele van graniet is uitstaande, dit is homogeen, hard, minder waterabsorpsie, die druksterkte van die rotsblok kan 117.7 tot 196.1MPa bereik, so dit word dikwels beskou as 'n goeie grondslag vir geboue, soos die Three Gorges, Xinfengjiang, Longyangxia, Tenseitan en ander hidroëlektriese damme is op graniet gebou.Graniet is ook 'n uitstekende bousteen, dit het goeie hardheid, en het 'n hoë druksterkte, klein porositeit, lae waterabsorpsie, vinnige termiese geleidingsvermoë, goeie slytasieweerstand, hoë duursaamheid, rypweerstand, suurweerstand, korrosiebestandheid, nie maklik om te verweer nie , so dit word dikwels gebruik om brugpilare, trappe, paaie te bou, maar ook vir messelwerkhuise, heinings ensovoorts.Graniet is nie net sterk en prakties nie, maar het ook 'n gladde oppervlak met netjiese hoeke, so dit word dikwels in binneversiering gebruik en word as 'n hoëgraadse dekoratiewe klip beskou. Graniet is nie 'n enkele rotstipe nie, maar het baie variante, wat elkeen verskillende eienskappe vertoon na gelang van die stowwe waarin dit gemeng is.Wanneer graniet met ortoklaas gemeng word, lyk dit gewoonlik pienk.Ander graniete is grys of, wanneer gemetamorfoseer, donkergroen. Postyd: Mei-30-2023
[]
https://yout.com/video/?url=https://youtube.com/watch?v=zrd7FLdoEvc&lang=af
Jou formaatverskuiwing is op die punt om te begin. As jy van Yout.com hou, vertel jou vriende. Lees dit asseblief Ons het Yout gebou met die idee dat 'n wettige stroomopneeminstrument vir die internet, skoon, maklik en sonder spam, moet bestaan. Volgens die EFF.org "Die wet is duidelik dat die blootstelling van 'n instrument vir die kopiëring van digitale media aan die publiek nie aanleiding tot kopieregverantwoordelikheid veroorsaak nie". Ons veg vir u regte om dit te doen. Aangesien ons hierdie hulpmiddel gratis aanbied en ons webhosting en regsrekeninge aangaan om hierdie hulpmiddel aan u te bied, hoop ons dat u dit geniet om Yout te gebruik en op te gradeer na PRO , wat u ekstra funksies bied. U intekening op PRO help ons om aan die lewe te bly en sorg dat u nooit die reg om digitale media op te neem, verloor nie. Gradeer asseblief op , skenk of wys Yout.com aan enigiemand wat u ken.
[]
https://kaapkerk.co.za/dun-plekke-en-hardloopskoene/
In die stiltes van ‘n uitgestrekte veld of teen ‘n styl bergpad wat tussen braambosse deur kronkel, waar die son jou vroegoggend met vreugde groet en die natuur ’n simfonie van kleure skep, ervaar sommige mense ’n “dun plek”. ’n Plek waar die afstand tussen die hemel en die aarde op sy dunste is. Hier, sê hulle, voel mens die naaste aan God. Hierdie konsep van “Thin Places” is nie net ’n filosofiese bespiegeling nie, maar iets wat diep in die harte van mense wortel skiet en dikwels hand aan hand gaan met fisieke aktiwiteite. ’n Dun plek (Thin Place) is ’n plek of oomblik waarin ons bewustheid van God meer tasbaar is, en waar die spasie tussen die onsigbare en die alledaagse besonders dun voel. “Thin Places” is ’n uitdrukking wat vir duisende jare al gebruik word, en stam uit die mistieke wêreld van die Keltiese spiritualiteit en die Keltiese Christene, wat diep verbind was met die natuurlike wêreld en elke aspek van die lewe beskou het as deurdrenk met die teenwoordigheid van die Goddelike, selfs (of miskien, veral) die alledaagse elemente van die lewe. Terwyl die ou Keltiërs histories “dun plekke” beskou het as plekke of oomblikke in die siklus van die jaar waar die sluier tussen die wêreld en die spirituele domein verminder het en hulle diegene kon ontmoet wat hulle vooruitgegaan het, word dun plekke vandag meer algemeen beskou as plekke waar daar ’n onmiskenbare verbinding met God is. Nadia Muller en Hesmari Fourie is twee vroue van die Kaapse Wynland wat gereeld ervaar dat hul in hul dun plek vertoef — dít terwyl hul met hul hardloopskoene aan draf. Hulle vertel van hul ervaringe van hoe daaglikse oefening hul help om gereeld hul “Thin Places” te besoek. Hesmari oefen nie meer net vir ’n kompeterende doel nie, maar dit is vir haar ’n viering van die lewe self. Sy beskryf elke oefensessie as ’n tipe vreugdevolle dans met die lewe, ‘n manier om die blote feit dat sy leef, te vier. Die kompetisie-element het plek gemaak vir ‘n dieper doel, ’n doel wat sy beskryf as haar “Thin Place”. Tydens haar hardloopsessies kom sy iewers by ’n plek waar die aardse grense dun word, waar sy die intense teenwoordigheid van God ervaar. “Oefening gee my energie … dit hou my regop!” sê Hesmari. Vir haar is die natuur en die buitelig soos ’n tempel waarin sy God ontmoet. Terwyl sy hardloop deur droë vlaktes of net op ‘n eenvoudige grondpad, ervaar sy dikwels daardie oomblik van stilte waar sy spontaan die woord “dankie” fluister — al is dit net in haar hart. In hierdie dun plekke kom dankbaarheid na die oppervlak, gevul met ‘n verlange om tyd te vries en ’n heilige een-wees met God te beleef. Hierin kommunikeer sy met God, sien Hom in die skepping om haar, en laat die ervaring van ’n “Thin Place” haar innerlik versterk. Nadia deel ’n soortgelyke ervaring met oefening, veral draf. Vir haar is oefening ’n essensiële deel van haar bestaan, ’n manier om orde in haar gedagtes te skep, vrae te vra, antwoorde te kry en die stem van die Here te hoor. Sy beklemtoon dat die ritme van drie-treë-per-asem, oor en oor, ’n mate van orde in haar gedagtes en gemoed bring. Wanneer sy berg-op draf, bereik sy ’n halfpadmerk waar sy vir ’n oomblik stil staan en die ritme van haar asemhaling verander. Dan is dit een lang asem in en een lang asem uit. Hier, omring deur die klank van die natuur, ervaar sy ’n intense bewustheid van God. Sy vermoed dit het juis te make met die feit dat haar asemhaling dan uit ritme raak (of weer ’n ander ritme aanneem), dat haar liggaam en gees nuut begin waarneem wat en Wie rondom haar is. En wat bid sy dan? Niks. Dit herinner haar aan ’n gesprek wat iemand eendag met Moeder Teresa gehad het. ’n Verslaggewer het eendag vir haar gevra wat sy sê wanneer sy bid. Moeder Teresa het geantwoord en gesê: “Wel, ek sê nie veel nie. Ek luister meestal.” Die verslaggewer het toe weer vir haar gevra: “So wat sê God vir jou?” En weer het Moeder Teresa geantwoord: “Wel, Hy sê nie baie nie – Hy luister net.” Vir Nadia is hierdie oomblikke nie net ’n gesprek met God nie, maar ’n spirituele verbintenis wat nie woorde nodig het nie. Sy voel dat God haar sien vir wie sy werklik is, ver van die rolle van ma, vrou of predikant. Daar teen die berg is nie ’n huis, kantoor of kerk nie. Daar is niks wat deur mensehande geskape is nie. Dit is net die Skepper en sy skepping. Hierdie intieme ontmoeting in die dun plekke gee vir haar ’n intense gevoel van dankbaarheid, tevredenheid en moed. Die dun plekke van diepe verbintenis is nie beperk tot ’n spesifieke aktiwiteit of plek nie, maar eerder ’n unieke reis vir elke mens. Dit is ’n roetekaart na God, geskep deur die dun oomblikke tussen die Skepper en sy skepsels. Mag ons almal die geleentheid vind om ons eie dun plekke te ontdek, waar die hemel en die aarde na mekaar neig, en waar ons God se teenwoordigheid op ’n besondere wyse kan ervaar. Hierdie dun plekke van diep konneksie is ’n herinnering aan die heilige en heerlike gawe van kind van God wees.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2000-studiebeurse
Navorsingsverslag 2000/2001 7. Studiebeurse Studiebeurse word gesien as 'n belangrike hulpmiddel ter nastrewing van die PNS se doelwitte. Deur beurse beskikbaar te stel vir nagraadse studie word verdienstelike kandidate die geleentheid gebied om 'n M- of D-graad te verwerf. Kwalifikasies van so 'n aard behoort kapasiteit te skep by diesulkes wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing in proteïenvoorsiening en/of proteïenbenutting ten opsigte van dierevoeding. Gedurende die afgelope verslagjaar het die beurskomitee enkele aanpassings in die riglyne vir beurstoekennings aanbeveel wat deur Raad van Trustees aanvaar is en toegepas is met die keuring van die 2001 aansoekers. Van die aanpassings is dat dit bevestig is dat 'n M-graad voldoende opleiding is vir 'n persoon om hom as navorser te bekwaam en derhalwe sal 'n beurs vir 'n D-graad slegs toegeken word indien die studie onderwerp van besondere belang is vir die PNS. Die beursgeld vir 2001 is ook aangepas vanaf R14 000 per jaar tot R17 000 per jaar per kandidaat. Die beurskomitee van die PNS het elf beursaansoeke vir die 2000 akademiese jaar ontvang waarvan ses aansoekers aan die kriteria voldoen het en aan wie beurse toegeken is. Dit is die mikpunt van die PNS om 'n maksimum van agt beurse per jaar toe te ken waarvan minstens twee nuwe beurse moet wees. Van die ses beurse wat toegeken is vir die 2000 akademiese jaar, is 4 eerste aansoekers. Onderstaande aansoekers het beurse met 'n totale waarde van R84 000 ontvang: M.Sc studies Mnr JH du Plessis (tweede aansoek): "Optimale verspreiding en verwerking van oliesade onder verskillende ekonomiese toestande in Suid-Afrika", Universiteit van die Vrystaat. - Mnr J van E Nolte (tweede aansoek): "An evaluation of degradable protein and non-protein nitrogen on intake and digestion by Dohne Merino sheep fed wheat straw", Universiteit Stellenbosch. - Mnr GDJ Scholtz (eerste aansoek): "Lusern graderingstelsel", Universiteit van die Vrystaat. - Mnr JD Thornton (eerste aansoek): "Comparison of different RDP and UDP ratio's on intake and milk production efficiency in Saanen goats fed a complete diet", Universiteit Stellenbosch. - PhD studies Mnr S Tyiso (eerste aansoek): "Developmental and maturation – drying effects on the biochemistry (lipid, protein lipid hydroperoxides, antioxidants) of soybean seeds", Universiteit van KwaZulu-Natal. - Mnr JR Sara (eerste aansoek): "The formulation of a nutritional feed for prawn mariculture in KZN", Universiteit van KwaZulu-Natal. - Die PNS is tevrede dat die beursontvangers aan die kriteria van verdienstelikheid voldoen het.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=rsg-radio-program-2006-canola
RSG RADIO PROGRAM 2006 CANOLA RSG RADIO PROGRAM 2005 CANOLA RSG (Radio Sonder Grense) Radioprogram – 2006 Index of Program Topics Inleiding Verbouingsaspekte Planttyd vir canola Is daar genoeg cultivars Hoe word cultivars evalueer Stikstofbemesting Onkruidbeheer Strategie vir geïntegreerde onkruidbeheer Canola in die somerreëngebied Siekte en Plae Siekte en Plae (vervolg.) Geïntegreerde beheer van ruitrug mot Beheer van bolwurm Vriendelike benadering tot bye Voorkoms van swartstam Sclerotinia in canola Kwaliteitsaspekte Oesstadium en Oestegnieke Benutting Dr Jos de Kock Canola (Brassica napus) is 'n geneties verbeterde oliesaadraap (nie geneties gemodifiseer nie) met lae vlakke van erukasuur en glikosinolaat. Die naam "canola" is die geregistreerde naam deur die "Western Canadian Oilseed Crushers Association". Daar is ook verskeie ander Brassica spesies waarvan die belangrikste die volgende is: Brassica rapa en Brassica juncea. Na hierdie spesies wat nog nie in Suid-Afrika verbou word nie word ook verwys as raapsaad. Canola plus raapsaad is die tweede grootste oliesadegewas in die wêreld naas sojabone en lewer tans nagenoeg 14% van die totale wêreldproduksie van oliesaad. Canola word tans in Suid-Afrika op tussen 35 000 ha en 40 000 ha hoofsaaklik in Wes- en Suid-Kaap verbou. Die gewas vul tans 'n belangrike rol in die gewasverbouingstelsels in die Wes- en Suid-Kaap. Om die rede is daar deur die Proteïennavorsingstigting (PNS) besluit om 'n reeks radiopraatjies te reël oor die mees prominente verbouingspraktyke en gebruike van canola. Die reeks vir 2005 en hierdie reeks vir 2006 is en sal op die webblad van die PNS beskikbaar wees op www.proteinresearch.net. Meer inligting kan verkry word vanaf die PNS by pns@proteinresearch.net of telefoon +27 11 803 2579. Die bydraes vir die radioprogram is gelewer deur van die beste kundiges in Suid-Afrika en graag wil die PNS sy grootste dank en waardering teenoor hierdie persone uitspreek vir die waardevolle bydraes wat gelewer is. Produksiekoste en winsgewendheid van canola in die Wes-Kaap Mnr Deon Joubert Canola is 'n groeiende bedryf in die Wes-Kaap en lok dit groot belangstelling uit by voornemende produsente. Wat moet so 'n produsent alles in ag neem indien hy sou besluit om canola te plant? Benewens die tegnies / biologiese aspekte waaroor in verlede jaar se radioprogramme baie gepraat is, moet 'n produsent hom ook vergewis van wat die produksiekoste en winsgewendheid van canola is. Verder moet hy ook weet hoe vergelyk die ekonomie van Canola met dié van die mededingende gewasse soos byvoorbeeld koring. Ons weet dat al die produsente nie noukeurig rekords hou nie en dan beskik die voornemende produsente uit die aard van die saak ook nie oor ekonomiese gegewens oor Canola nie. Is daar enigsinds produksiekoste- en winsgewendheid gegewens beskikbaar? Die Proteïennavorsingstigting het inligting by Agri-besighede in die Wes-Kaap bekom en inkomste- en kosteramings vir die Swartland, Rûens en Suid-Kaap opgestel van canola, lupiene en koring. Die inkomste- en kosteramings is in 'n standaard formaat opgestel en gebruikersvriendelik. Dit is gebaseer op aanbevole praktyke of studiegroep gegewens. Is daar groot verskille in die produksiekostes tussen gewasse en tussen die gebiede? As ons van produksiekoste praat bedoel ons eintlik totaal veranderlike koste wat gereelde arbeidskoste uitsluit. In die Suid-Kaap gebied wat eintlik die Swellendam-Heidelberg omgewing is, is die koste om 'n hektaar koring en canola te vestig, baie dieselfde ongeveer R1,200 per hektaar. In die Rûensgebied is dit heelwat meer en wissel dit van R1,900 tot meer as R2,300 per hektaar vir canola en koring. In die Swartland is die koste om 'n hektaar koring te saai egter heelwat hoër as die van canola. Hier praat ons van R1,300-R1,400 vir canola en R1,700 vir koring. Hoe vergelyk die winsgewendheid van die vertakkings in die verskillende gebiede? Die terme wat ons vir wins gebruik, is bruto marge en is dit die bruto inkomste per hektaar minus die totaal veranderlike kostes per hektaar. Vir al die gebiede is die bruto marge per hektaar van canola en koring positief. In die Suid-Kaap is die bruto marge per hektaar van canola en koring beide in die omgewing van R1,000. Dit is heelwat hoër as die bruto marges in die Rûens waar die bruto marge van canola wissel van R400-R500 per hektaar en koring R130-R200 per hektaar. In die Swartland vind ons dat die bruto marge van canola ongeveer R400 per hektaar is en koring wissel van R330-R650 per hektaar afhangende van die area. Die bruto marges is natuurlik bereken op grond van pryse wat gedurende die laaste kwartaal van 2005 gegeld het. Dan is dit ook belangrik om kennis te neem dat die wisselbouvoordele van canola nie in die brutomarges verreken is nie. Waar kan produsente die inligting bekom? Die inkomste- en kosteramings is in bundelvorm by die Proteïenavorsingstigting se kantoor beskikbaar of dit kan afgetrek word van ons webwerf, www.proteinresearch.net. Kan ook net noem dat al die canola radiopraatjies van 2005 ook in bundelvorm beskikbaar is asook op die webwerf. Produsente kan natuurlik ook inligting by hul onderskeie Koöperasies bekom. Voordele van Canola Dr Mark Hardy Is daar 'n opbrengs voordeel in koringopbrengs na canola? Ja, daar is beslis 'n opbrengs voordeel vir koring na canola. Ons wisselboustelsel navorsing oor die afgelope nege jaar het getoon dat daar 'n gemiddelde verhoging van vyftien tot twintig persent is in die opbrengs van koring wat na canola verbou word. Het canola enige bydrae om wortelsiektes teen te werk? Dr Sandra Lambrecht van die Plant Beskermingsnavorsingsinstituut te Stellenboch het 'n drie-jaar studie onderneem om daarna te kyk. Dié studie het gewys dat daar 'n laer insidensie van kroonvrot in koring voorgekom het wanneer koring na canola verbou word in vergelyking met stelsels waar koring na koring verbou word. Opbrengs verliese van tot vyftig persent kan verwag word in kroonvrot besmette koringlande. Dus is canola 'n belangrike gewas waar dit in wisselbou met koring gebruik kan word om sulke verliese te verminder. Kan die insluiting van canola in die wisselboustelsel bydra tot die verbetering van onkruidbeheer in die koringstelsel? Grasse is die belangrikste onkruide wat koringopbrengs kan beperk. In die eerste plek, aangesien canola 'n breëblaar gewas is, kan gewone grasdoders in canola gespuit word om grasse te beheer. Dit verhoed dat grassade tot die saadbank in 'n canola jaar toegevoeg word. Tweedens onkruiddoderweerstand, van veral raaigras, begin om ernstige negatiewe gevolge vir die graanbedryf in te hou. Om canola in die wisselbou in te bring kry produsente een van die min kanse wat hulle het om onkruiddoders met alternatiewe werking te gebruik waar weerstand vir spesifieke groepe onkruiddoders in 'n kamp of plaas reeds ontwikkel het. Maar, en seker van groter belang, as onkruiddoderweerstand nog nie op die plaas voorkom nie, is die verbouing van canola een van die beste opsies wat produsente het om onkruiddodergroepe van een jaar na die volgende te wissel om te voorkom dat onkruiddoderweerstand op die plaas wel ontwikkel. Wat is die belangrikste voordele van canola wanneer dit ingesluit word in die wisselboustelsel? Die belangrikste voordeel van canola is om boerdery risiko te verprei. Gedetailleerde langtermyn ekonomiese analises van produksie data afkomstig van ons wisselbouproef te Langgewens het gewys dat in vergelyking met koringmonokultuur: 1) 'n koring, canola, koring, lupien wisselboustelsel die beste opbrengs op kapitaal belegging in die langtermyn gegee het. Dié stelsel was gelykstaande aan die opbrengs van 'n koring / medic stesel; 2) produsente wat so 'n stelsel toepas se kontant vloei het ook die potensiaal om vinninger te herstel na 'n ramp jaar soos in 2003 waar koringopbrengs deur die droogte erg benadeel is. Mnr Petrus Fouché Wanneer is planttyd vir canola? Planttyd vir canola is nié vanaf 15 April nie. Met ander woorde, planttyd vir canola is nie 'n datum nie. Inteendeel, die beste planttyd vir canola is met die eerste herfsreën. As daardie ±12mm reën geval het, moet nie eers tyd gemors word om grond te bewerk vir ander gewasse ook nie. Canola se wei en oes potensiaal is soveel groter met daardie vroeë ontkieming. Bewerk en plant dus onmiddelik na reën voordat die bogrond kan afdroog na bewerking. Die vooropkoms onkruiddoder metazachlor werk ook die beste deur te spuit op 'n nat saadbed, indien geen opvolg reën voorkom nie. Die grootste gevaar vir canola, en hoekom boere sê canola ontkiem moeilik, is omdat gewag word vir daardie middel April. Dan is die grond in die meeste gevalle klam, sodat sommige saad ontkiem terwyl die ander ontkiem met die volgende reën. Almal behoort reeds te weet wat die probleme is wat hiermee gepaard gaan, soos ongelyk blom, ongelyk rypwording en dus opbrengsverliese. Kom dus weg van plant volgens 'n plantdatum. Kan canola in droë grond gesaai word? Die antwoord is 'n definitiewe JA. Indien dit teen die sg middel April nog nie gereën het nie, is dit raadsaam om canola droog te saai. Dan meng jou koring plant nie in met die canola nie en kan die vooropkomsonkruiddoder vir canola net voor of in die reën gespuit word vir maksimum onkruidbeheer. Onthou ook om 'n breë spektrum insekdoder by te voeg indien nog nie met die voorsaai onkruidbeheer toegedien is nie, en veral waar die saad nie behandel is teen meer as die rooibeensandmyt nie. Wat is die laatste plantdatum vir canola? Die antwoord is eintlik kort – voor jy jou koring, hawer of lupiene plant. Onder droëland toestande is die laatste plantdatum vir canola met die eerste herfs / winterreën vir die seisoen. Dit kan selfs in Junie wees. Onder besproeiing kan so laat as Julie geplant word. Vir somer produksie van canola geld ander datums. Wanneer die eerste herfsreëns wel voorgekom het en canola nie geplant is nie, geld dieselfde spelreëls: plant in die droë grond vir opkoms met reën? Indien jy dit nié wil doen nie, plant eers canola en dan jou koring, want koring word dieper geplant as canola en sal steeds opkom van dieper af. Sodoende word verhoed dat die canola weer eens in suboptimale grondvog geplant word, met stadige en ongelyk opkoms. Let wel canola kom maklik op; moenie dit moeilik maak en in swak klimaat plant nie. Laastens – onthou canola het tans hoër winsmarges as koring – misbruik dit! Dr N Kotzé Is daar genoeg canola kultivars om aan alle mark behoeftes te voldoen? Ja, alhoewel daar nie 'n plaaslike teelprogram is nie, word die beste kultivars van reg oor die wêreld elke jaar evalueer om sodoende die mees aangepaste kultivars te kommersialiseer. Ek reken canola bied produsente heelwat bestuursopsies omdat daar juis heelwat verskillende tipe canola kultivars beskikbaar is. Ek verwys hier na die konvensionele tipes, triasien en imasamoks bestande cultivars. Veral die triasien bestande kultivars bied produsente die geleentheid om probleem onkruide met 'n totaal ander groep van chemie te beheer. Die imasamoks groep van kultivars kan weer gebruik word indien produsente bang is dat sulfonielurea skade mag voorkom agv oordraging vanaf vorige seisoene. Dan is daar ook 'n hele reeks van kort, medium en langer groeiseisoen kultivars in elkeen van hierdie groepe beskikbaar. Korter groeiseisoen kultivars word dus in laer reënval areas aangeplant of waar reënval soms vinnig ophou in die lente, terwyl die langer groeiseisoen kultivars weer beter vaar in die hoër reënval gebiede. Watter kultivars val in hierdie onderskeie onkruiddoder bestande groepe? Hierdie is 'n baie belangrike vraag aangesien ons gereeld hoor van produsente wat hul canola dood gespuit het omdat hulle nie geweet het dat slegs sekere kultivars teen spesifieke onkruiddoders bestand is nie. Ek wil dus vir sekerheidshalwe weer die kultivars noem wat in die groepe val. Die triasien bestande kultivars het almal of 'n ATR voorvoegsel of TT agtervoegsel, dus varieteite soos ATR Hyden, ATR Stubby, Tornado TT, Thunder TT en Varola 600TT. Die imasamoks bestande cultivars is 44C73 en 45C05. Die res van die ongeveer sewentien (17) beskikbare kultivars val in die konvensionele klas en slegs selektiewe grasdoders wat ook in medics en ander gewasse gebruik word, kan in hierdie geval gebruik word. Ek wil net verder noem dat die onkruiddoder bestande kultivars dmv konvensionele telingstegnieke ontwikkel is en nie Geneties gemodifiseerde organismes bevat nie, daar word geen GMO kultivars op hierdie stadium aangeplant nie. Hoe besluit produsente watter kultivars is die beste aangepas in sy spesifieke area? Ek wil graag die produsente daarop wys dat ongeveer twaalf (12) wetenskaplike kultivarevaluasieproewe in die wes en suid Kaap jaarliks in samewerking met die Departement van Landbou en die Proteïennavorsingstigting gedoen word. Hierdie resulate word dan in die Canola Fokus en ander populêre landboutydskrifte gepubliseer. Daar word ook heelwat lesings hieroor tydens voorsaai boeredae of by studiegroepe of boereverenigings gegee. Hierdie data gee vir ons 'n baie goeie aanduiding van watter kultivars die beste aangepas in die onderskeie produksie gebiede is. Indien produsente nog steeds onseker is, is hulle altyd welkom om die saad maatskappy, naaste agent of die Departement van Landbou te skakel. Dr André Nel Saaiboere ken die betekenis van die woord kultivar baie goed en is daarop gesteld om goeie kultivars te plant. Julle doen jaarliks kultivarproewe van verskeie gewasse. Wat is die nut van kultivarproewe en waarom moet kultivars jaarliks ge-evalueer word? As ons weet 'n kultivar vaar goed waarom hom oor en oor toets? Die nut van kultivarproewe is om verskillende kultivars se prestasie in terme van opbrengs en ander belangrike eienskappe te vergelyk en dan die resultate bekend te maak. Dit dien dan as hulpmiddel vir boere om 'n keuse uit te oefen oor watter kultivars om te plant met die eindoel om die produksieproses so doeltreffend moontlik te laat verloop. Jaarlikse kultivarevaluasie is noodsaaklik. In die canolabedryf word tot soveel as 50% van die kultivars jaarliks met nuwes vervang. Dit is noodsaaklik om die nuwes te toets en met die oues te vergelyk. Hoe word kultivarproewe gedoen en na watter eienskappe van canola word dan gekyk? 'n Kultivarproef is 'n statisties uitgelegde proef wat al die beskikbare kultivars bevat. Daar word gewoonlik gepoog om die kultivarproewe oor 'n verskeidenheid van grond en klimaatsones uit te voer en so word dit gewoonlik nie net tot proefplase beperk nie maar ook op plase van boere gedoen. Die belangrikste eienskap waarna gekyk word is die opbrengs aangesien dit die eindresultaat van die kultivar se aanpasbaarheid, produksievermoë en siektebestandheid is. Ander eienskappe van belang is die lengte van die groeiseisoen. Indien omstandighede 'n boer dwing om laat te plant is dit voor die handliggend dat die keuse beperk is tot 'n kultivar met 'n kort groeiseisoen. Nog belangrike eienskappe is die vatbaarheid of voorkoms van sekere siektes, die planthoogte en geneigdheid tot omval wat weer belangrik is vir die oesproses. Hoe word die kultivarevaluasie se resultate aangebied en hoe behoort dit gebruik te word? Indien slegs enkele proewe beskikbaar is, dan is die beste wat 'n boer daaruit kan kry om bloot te kyk watter kultivars die beste in die geheel en ook in die proewe naby hom gevaar het. Die kultivars word dan gewoonlik in 'n ranglys geplaas wat dit eenvoudig en maklik maak om die bestes te eien. Indien resultate van baie proewe beskikbaar is kan 'n regressielyn analise daarop uitgevoer word wat groot waarde tot kultivarkeuse bied aangesien dit ook die risiko of oesekerheid van die kultivars by verskillende opbrengspotensiale weergee. Op die wyse word nie net die kultivar se gemiddelde opbrengs in berekening gebring nie maar ook die "wispelturigheid" en by watter opbrengspotensiaal die kultivar die beste aangepas is. Prof André Agenbag Hoe vergelyk die stikstofbehoeftes van Canola met die behoeftes van ander gewasse? Eerstens is dit belangrik om te onthou dat hoewel canola sy saad in peule dra is dit nie 'n peulgewas wat lugstikstof bind nie. Stikstofbemesting is dus noodsaaklik vir suksesvolle verbouing van Canola. Per ton oesopbrengs verwyder Canola sowat 40kg stikstof vanaf die land. Daar teenoor verwyder 'n kleingraangewas soos koring slegs sowat 30kg stikstof per ton oesopbrengs omdat die proteïeninhoud van kleingraan natuurlik veel laer is as die van Canola. Beteken dit dat opbrengspotensiaal die enigste faktor is wat in aanmerking geneem moet word by berekening van die stikstofbemestingsbehoefte van Canola? Nee, 'n ander baie belangrike faktor is die stikstofleweringsvermoë van die grond wat deur onder andere die grondtipe, gewasrotasiestelsel, metode van grondbewerking en klimaatstoestande bepaal word. Ongelukkig is hierdie hoeveelheid stikstof wat deur die grond voorsien word meestal nie bekend omdat dit moeilik is om te meet. Daar word egter tans gewerk aan 'n model om dit te voorspel met inagneming van grond en klimaatseienskappe, ten einde die stikstofbemestingsbehoeftes meer akuraat te bepaal. Verder moet die effektiwiteit van die stikstoftoediening ook by berekening van die bemestingsbehoefte in berekening gebring word. Om dit vir die produsent makliker te maak bestaan daar egter Tabelle waarvolgens die stikstofbemestings behoeftes afgelees kan word. Uit die Tabelle blyk byvoorbeeld dat indien canola op kleingraanstoppels verbou word, daar vir 'n opbrengsmikpunt van 2.5 ton, hoeveelhede van 80-110kg stikstof per hektaar in die Suidkaap en 110-130kg stikstof in die Swartland toegedien moet word. Kan alle stikstof eenmalig toegedien word? Indien die stikstof deur middel van die planter gebandplaas word, moet nie meer as 15-20kg stikstof per hektaar met planttyd toegedien word. Handhawing van hierdie hoeveelhede is veral belangrik indien die tussen-ry spasiërings meer as 250mm is en die grondvoginhoud met planttyd laag is. As die stikstof egter breedwerpig uitgestrooi word, kan soveel as 40kg stikstof per hektaar met planttyd toegedien word. Die res sal dan as bobemesting op 30-40 dae na plant toegedien word. In hoë reënval gebiede en waar na opbrengste van meer as twee ton per hektaar gestreef word op stoppelland, mag 'n verdere bobemesting op 60-70 dae na plant nodig wees. Dit is egter belangrik dat produsente hul Canola lande se opbrengspotensiaal moet beoordeel alvorens bogenoemde tweede bobemesting toegedien word, aangesien te veel stikstof op 'n gevorderde groeistadium die olie-inhoud van die Canolasaad mag benadeel en natuurlik ook produksiekoste verhoog. Mnr Chris Cumming Wat moet oorweeg word as beplan word vir 'n canola onkruidbeheerprogram? Canola is tans die belangrikste eenjarige wisselbougewas beskikbaar in die Wes-Kaap om die produsent alternatiewe te bied in sy stryd teen die toenemende probleem van onkruiddoderweerstand in eenjarige gewasse. Veral grasonkruide, waarvan raaigras die belangrikste is, kan doeltreffend met verskeie produkte beheer word wat ander metodes van werking het as die wat in kleingraan gebruik word. Kan jy voorbeelde van hierdie produkte noem? Ja. Die vooropkoms onkruiddoders wat oorweeg kan word sluit in Butisan S, simasien onder die handelsname Simazol of Simanex, Tylsimex wat 'n mengsel van twee triasiene is en Crew, wat voor of tydens plant ingewerk moet word. Dan is daar ook Kerb, wat vroeg na-opkoms gebruik kan word. Wat kan die produsent doen om sy kanse tot sukses met hierdie middels te vergroot? 'n Ferm, onkruidvrye saadbed, sonder kluite en plantreste moet voorberei word vir die middels wat bo-op die oppervlakte toegedien word. Die tydsduur tussen die laaste bewerking, plant van die canola en spuit van die onkruiddoder moet so kort as moontlik wees. Reen kort na toediening om die middel in die ontkiemingszone in te loog, voor die onkruidsade ontkiem het, is ideaal. Produsente met geskikte planters wat minimum bewerking toepas sal Crew gebruik. Dr PJ Pieterse Wat word bedoel met geïntegreerde onkruidbeheer? Geïntegreerde onkruidbeheer is 'n kombinasie van verskillende onkruidbeheermetodes. Dit kan insluit meganiese, fisiese, chemiese of biologiese metodes. In 'n gewas soos canola kan meganiese beheer toegepas word waar onkruid d.m.v. voorsaai bewerkings beheer kan word. Fisiese beheer kan ook toegepas word deur optimum groeitoestande vir jou gewas te skep om soveel as moontlik met die onkruid te kompeteer. Dit kan gedoen word deur optimum bewerkingspraktyke, cultivarkeuses, saaitye, saaidigthede en bemestingspraktyke te kies. Hoe beter jou gewas groei, hoe beter sal hy kompeteer met die onkruid. Daar word gesê dat vir elke kilogram biomassa gewas wat ekstra op jou land staan, daar een kilogram minder onkruid biomassa sal wees. Chemies kan onkruid effektief en volhoubaar beheer word met onkruiddoders wat in canola geregistreer is, mits daar voorsorg getref word teen die ontwikkeling van onkruiddoderweerstand. Die geheim van geïntegreerde onkruidbeheer is om verskille van die metodes wat nou net genoem is so te kombineer dat die onkruide nie kan aanpas om 'n spesifieke beheermetode te kan oorleef nie. Chemiese beheer was die afgelope dekade die mees effektiewe en ekonomiese metode om onkruide te beheer. Hoekom dan nou weer terug na die verlede met meganiese en fisiese metodes? Dit is reg so, chemiese beheer het so te sê die enigste beheermetode vir onkruide in graangewasse geword. Ons het egter te afhanklik geraak van chemiese beheer. Onkruide, soos enige ander lewende organisme, is aanpasbaar en deur seleksie het daar onkruide verskyn wat weerstand bied teen sommige van die gewilde onkruiddoders wat in graangewasse gebruik word. Dit is onafwendbaar dat weerstand sal ontwikkel as slegs van chemiese beheer gebruik gemaak word, alhoewel dit soms baie lank kan neem om te gebeur. Die proses kan egter tot 'n groot mate vertraag word of selfs voorkom word deur die regte bestuursprogramme, wat insluit ander beheermeganismes soos bewerking, gewaskompetisie ens. Selfs al volhard jy net met chemiese beheer, kan die korrekte bestuur van jou chemiese beheerprogramme die voorkoms van onkruiddoderweerstand tot mindere of meerdere mate vertraag. Hoe kan chemiese beheerprogramme bestuur word om die voorkoms van onkruiddoderweerstand te vertraag? Eerstens moet daar gewaak word daarteen om onkruiddoders wat in dieselfde groep met betrekking tot meganisme van werking val, onbeperk na mekaar te spuit. Mens behoort nie 'n onkruiddoder in 'n spesifieke groep bv. die ACC-ase inhibeerders, of meer algemeen bekend as fops en dims, meer as een keer in 'n seisoen toe te dien nie en ook nie twee jaar na mekaar op dieselfde land nie. Wissel die onkruiddodergroepe af, nie die handelsname nie. Twee onkruiddoders met verskillende handelsname, of selfs verskillende aktiewe bestandele, kan nog steeds binne dieselfde groep val. Moet ook nie die fout maak om te dink middels wat bv. in koring geregistreer is om grasse te dood en middels wat in canola of medics geregistreer is om grasse te dood, behoort aan twee verskillende groepe nie. As daar in 'n spesifieke jaar 'n ACC-ase inhibeerder (fop of dim) gespuit is, probeer die volgende jaar 'n ALS inhibeerder (waaronder die SU's val) spuit, daarna miskien iets soos trifluralin en daarna triasien of simasien. Die groepe hoef nie noodwendig in daardie volgorde afgewissel te word nie. Dit is nie altyd maklik om dit reg te kry nie, maar as jy 'n goed beplande wisselboustelsel het is dit meer haalbaar as in 'n monokultuurstelsel. Die gebruik van canola wat bestand is teen triasiene of imazamoks onderskeidelik kan van groot nut wees in so 'n strategie. Voorsaaibespuitings met nie-selektiewe middels soos glifosaat of parakwat kan ook help om weerstand teen selektiewe middels te bekamp. Wees egter versigtig vir weerstand teen die nie-selektiewe middels ook, en wissel dit ook af. 'n Mens kan dus met oordeelkundige bestuur jou chemiese beheer program redelik volhoubaar maak, maar die heel doeltreffendste is maar steeds om ander nie-chemiese beheermetodes ook in te sluit. 'n Pamflet met baie meer gedetaileerde riglyne vir weerstandsbestuur is deur die Herbicide Resistance Action Committee (HRAC) opgestel en is beskikbaar by die Proteïennavorsingstigting of mense kan my skakel by 021-808 4805 om dit in die hande te kry. Canola is 'n bekende gesig in die wes en suid Kaap waar winterreën voorkom. Kan canola ook in die somerreënvalgebied verbou word? Ja dit is moontlik om canola in die somerreenval gebied in die winter te verbou en 'n aantal boere het dit al in die verlede gedoen. Aangesien dit nie veel in die winter hier reën nie word dit onder besproeiing gedoen om te verseker dat die canola suksevol vestig en darem 'n aanvaarbare opbrengs gee. Julle is tans besig met 'n navorsingsprogram waar julle na verskillende aspekte van canola kyk, kan jy vir ons vertel waarmee is julle besig? Ons het reeds in 2001 met navorsing oor canola in die somerreënvalgebied begin. Eerstens het ons gekyk of dit wel hier in ons klimaat en grond aangepas is en wat van die graanopbrengste verwag kan word. 'n Tweede belangrike aspek is natuurlik watter tyd of maande die geskikste is om in te plant. Die werk is afgehandel en tans kyk ons na drie aspekte van canola. Die eerste is stikstofbemestingsbehoefte van canola aangesien stikstofbemesting so 'n grootdeel van die produksiekoste uitmaak. Die tweede aspek is die evaluasie van kultivars. Dit is 'n uiters belangrike aspek uit die boer se oogpunt – niemand kan bekostig om 'n kultivar te plant en dan uit te vind dat dit nie goed aangepas is nie. Die derde aspek waarna ons ook kyk is of daar enige wisselbou voordeel in canola steek. Die voordele wat wisselbou meebring is een van die redes waarom canola in die wes en suid Kaap verbou word en die vraag wat ons probeer beantwoord is of dit hier, in die stelsels wat hier toegepas word ook voordelig is. Sal die resultate van julle werk in somerreenvalgebied ook toepasbaar wees in die Kaap? Die wisselbou resultate gaan nie nut vir die Kaap se boere inhou nie aangesien die gewasse en produksie stelsels so baie verskil. Die resultate van die kultivar evaluasies wat in die somerreenval gebied en in die Kaap gedoen word vul mekaar natuurlik goed aan. Dit stel ons in staat om aan te toon watter kultivars 'n wye aanpasbaarheid het en watter by spesifieke omstandighede aangepas is. Wat die navorsing oor stikstofbemesting betref glo ek die resultate wat ons navorsing gaan lewer ook tot nut in die Kaap gaan wees. Die eerste vraag wat 'n boer vra wat daarin belangstel om 'n nuwe gewas te plant is natuurlik watter opbrengste behaal kan word. Wat is julle ondervinding hiermee? Ons het al opbrengste van meer as vier ton per hektaar behaal wat hoog is as ons in gedagte hou dat canola 'n oliesaadgewas is. Maar dan moet alles reg verloop vanaf plantdatum tot en met oesproses en die weer moet saam speel. Haalbare opbrengste onder besproeiing is in die orde van drie tot drie en 'n half ton per hektaar. Beheer van Slakke Dr SC Lamprecht Sandra, jy is sameroeper van 'n taakspan. Wat is die doel van die span en hoe is dit saamgestel? Die taakspan vir beter vestiging van canola is deur die Proteïennavorsingstigting geinisieer nadat probleme met vestiging van canola in produksiegebiede in die Suid-Kaap ondervind is. Die taakspan is saamgestel uit lede van die Proteïennavorsingstigting, navorsers, voorligters, produsente en werknemers van privaat maatskappye. Die doel van die taakspan is om oorsake van swak vestiging by canola te identifiseer en projekte te inisieer om oplossings vir hierdie probleem te vind. Watter vordering is reeds gemaak om vas te stel wat die oorsake van swak vestiging by canola is? Swak vestiging van canola is veral 'n probleem waar produsente bewaringsboerderystelsels gebruik. In hierdie stelsels word stoppels op die grond gelaat, en word grond met plant, minimaal versteur. Alhoewel die hoof oorsaak van swak vestiging nog onbekend is, is daar reeds 'n hele aantal moontlike oorsake geïdentifiseer. Gedurende 2004 wou dit voorkom asof slakke hoofsaaklik vir swak vestiging verantwoordelik is, maar verlede jaar is ook gevalle van swak vestiging aangemeld en slakke was beslis nie die hoof oorsaak nie. Dit is duidelik dat dit 'n komplekse probleem is en dat insekte en plantpatogene ook 'n rol speel. Swak vestiging kom gewoonlik voor waar canola op klipperige grond teen koue, nat hellings, geplant word. Te diep plant van canola gee ook aanleiding tot swak vestiging. Julle is tans besig met interessante navorsing op hierdie probleem. Kan jy moontlik uitbrei hierop? Ons doen hierdie seisoen 'n veldeksperiment waarin 'n aantal faktore optimaal gehou word vir canola vestiging nl. optimale bemesting, plant teen korrekte diepte en behandeling van canola saad teen plantpatogene en sekere insekte. Ander faktore soos toediening van slakpille, toediening van insekdoder met plant en toediening van onkruiddoder na plant sal vir hulle effek op vestiging, getoets word. Die voorkoms van slakke en insekte, asook die oorlewing van saailinge sal elke drie dae vir ses weke gemonitor word. Die eksperiment word op vier lande in die Caledon distrik, waar bewaringsboerdery toegepas word, gedoen en behoort heelwat lig te werp op die oorsake van swak vestiging by canola in die Suid-Kaap. Behalwe vir hierdie eksperiment word produsente ook versoek om enige probleme met swak vestiging betyds by ons aan te meld sodat ad hoc ondersoeke gedoen kan word. Beheer van erdvlooi en plantluise Gert van Coller Vertel ons van die beheer van erdvlooi en plantluise in canola. Jong canola saailinge is geweldig kwesbaar vir insekskade. Om saailinge te beskerm teen erdvlooi, rooibeensandmyt en plantluise moet 'n doeltreffende saadbehandeling vooraf gebruik word. 'n Bespuiting van dimetoaat vroeg na-opkoms, indien skade simptome waargeneem word, kan ook doeltreffend wees. Gereelde monitering van canolalande tot die plante verby die 3 tot 4 blaar stadium is, is noodsaaklik. Daarna word die kanse vir ernstige skade minder. Wanneer kom plantluise voor? Plantluise kan enige tyd in die groeiseisoen voorkom, maar die periodes wanneer die grootste skade aangerig word is tydens vestiging en rondom die roset- en blomfases. Plantluise word veral 'n ernstige probleem tydens warm, droe periodes wanneer die populasie geweldig vinnig kan toeneem. Is daar 'n drempelwaarde vir plantluis bespuitings? Ja, ten minste 20% van die plante moet met 25mm of meer van die stingel besmet wees in die vegetatiewe groeistadiums. Enkele plantluise in die groeipunt vanaf die rosetstadium kan egter ernstige skade aanrig. As middels wat nadelig is vir bye tydens die blomstadium gebruik word moet die produsent die byeboere in die omgewing inlig om vrektes te voorkom. Dr R Kfir / Mnr Emil von Maltitz Wat is die ruitrugmot? Die ruitrugmot of "diamondback moth" Plutella xylostella is die skadelikste plaag insek op plante wat aan die Brassicaceae familie, wat mostert olies en hul glukosiedes bevat, behoort. Verboude gewasse waarop die ruitrugmot voed sluit in canola, kopkool, blomkool, broccoli, radysse, rape, brusselsespruite en so voorts. Daarby voed die insek ook op ander plante in die Brassica familie wat ons soms as onkruide beskou. Die ruitrugmot is 'n kosmopolitiese insek, wat in al die soögeografiese gebiede van die wêreld voorkom, waar ookal koolgewasse verbou word. Dit is ook die mees universieel verspreide insek van die orde Lepidoptera – dit is motte en skoenlappers – en dit het die vermoë om oor lang afstande te migreer of te versprei. Motte in vlug kan vir dae lank aaneen vlieg en afstande van duisende kilometers aflê. Die Mediterreense gebied kan beskou word as die gebied van oorsprong van die ruitrugmot, gebaseer op die feit dat die insek daar op die kool familie ontwikkel het en vandaar na Europa en die res van die wêreld met die verspreiding van verboude koolgewasse, versprei het. Beskryf die plaag en sy lewenssiklus. Die volwasse ruitrugmot is 'n donker grys mot met drie vaal driehoekige strepe op die binnesy van elke voorvlerk, wat 'n diamant- of ruit patroon vorm wanneer die vlerke toegevou is. Van vlerk punt tot vlerk punt is die mot maar 15mm lank. Die motte is snags aktief. Teen skemer, direk nadat die motte uit die kokon van sy papiestadium tot volwassenes ontwikkel het, vind paring plaas waarna die wyfie, oor 'n tydperk van vier dae, eiers lê. Sowat 200 klein, ovaalvormige geel eiers word onderaan of soms bo-op die blare van die gasheer plante gelê, maar selde op takkies of stingels. Eiers word enkeld of in groepies na-aan die hoof- of syare van die blaar gelê. Uit die eiers ontwikkel klein groen larwes (ruspes), sowat 2mm lank, wat dadelik begin voed. Die larwes voed gewoonlik net onderaan die blare. As hulle versteur word, wikkel hulle hulself na die rand van die blaar waar hulle dan afval, maar deur middel van 'n sy-draadjie, wat uitgeskei word tydens die val, aan die blaar geheg bly. Die ontsnappings gedrag is 'n manier van selfbeskerming teen natuurlike vyande. Larwes voed op die parenchiematiese weefsel onderaan die blaar sodat net die are en die boonste epidermis oorbly en so die kenmerke venstertjies op die blare vorm wat skeur en gate word soos die blaar groei. Larwes is teen die vierde instar volgroeid en spin dan 'n kokon waarin hulle pupeer. Die kokon word of op die blaar waar hulle gevoed het, of onder by die basis van die plant gevorm. Die volwassene (mot) ontpop uit die papie teen laatmiddag, en het 'n kort leeftydperk. Die lewenssiklus tydsduur word deur temperatuur beinvloed.Van eier tot volwassene duur sowat twee weke in die somer, en drie tot vyf weke in die koeler temperature van herfs en lente en tot twee maande in die winter. Wat is die ruitrugmot se plaagstatus? Die ruitrugmot is die skadelikste insek op koolgewasse. Die koste van chemiese beheermiddels wat op koolgewasse buiten canola, gebruik word per jaar, word bereken op US$1 biljoen, en dit sluit nie die koste aan die gewas verliese in nie. Wêreld wyd word 42 miljoen ton kool, blomkool en broccoli deur ruitrugmot beskadig. In baie gevalle is die hele oes verloor. In Australië is die ruitrugmot die belangrikste plaag op canola. Waarom het die ruitrugmot so 'n hoë ekonomies belangrike plaagstatus? In vele lande het ruitrugmot met tyd weerstand ontwikkel teen bykans alle sintetiese plaagbeheermiddels, insluitende Bacillus thuringiensis (Bt) formulasies, wat in landerye teen die plaag toegedien is. Die ruitrugmot was die eerste landboukundige gewasplaag wat weerstand teen DDT getoon het (die eerste insekte was vliëe en muskiete). Ruitrugmot was ook die eerste insek wat weerstand teen Bt in die veld ontwikkel het. Teen vele nuwe plaagbeheermiddels wat ontwikkel is om die ouer oneffektiewe middels te vervang, het die ruitrugmot ook al weerstand ontwikkel. Die insek het ook kruis-weerstand en veelvoudige weerstand teenoor verskillende chemiese middels ontwikkel. Die belangrikste redes tot die insek se ekonomiese plaagstatus is eerstens sy kort lewenssiklus en tweedens die misbruik van plaagbeheermiddels. Die insek teel baie vinnig aan en kan 'n paar generasies in 'n jaar produseer. Dit is sigbaar onder optimale somer toestande in die veld waar die siklus van eier tot volwassene so min as 10 dae kan wees. Waar insek populasies dan gedurig blootgestel word aan plaagbeheermiddels, mag mutasies voorkom en weerstand ontwikkel. Vroëer, voor die weerstand, was dit redelik maklik om die plaag te bestry met relatief goedkoop plaagbeheermiddels, maar soos die insek weerstand ontwikkel het, is die dosis van die plaagbeheermiddel verhoog en toe dit nie meer effektief was, is meer toksiese middels gebruik en selfs kombinasies (of "cocktails") van verskillende middels. Dit is immers wat in verskillende tropiese en subtropiese lande in die wêreld gebeur het. In sekere lande in suidoos Asië waar koolgewasse die stapelvoedsel is, het boere op 'n gereelde basis tot drie maal per week teen ruitrugmot gespuit. Sodoende het die ruitrugmot weerstand ontwikkel en is die produk en die omgewing met plaagbeheermiddels besmet. Weens die onvermoë om die plaag te beheer en die hoë koste van plaagbeheermiddels, is baie boere geforseer om die verbouing van koolgewasse te staak. Die impak, veral op arm gemeenskappe op die rand van stedelike gebiede, waar veral kopkool ryk aan vitamines die stapeldieet is, het tot ernstige nagevolge gelei. Wat is die vooruitsigte dat ruitrugmot 'n belangrike plaag op canola in Suid-Afrika kan word? Ruitrugmot is wel 'n plaag op canola waar dit in Europa en in Kanada verbou word, maar dit is nie die belangrikste plaag nie. Ruitrugmot is egter 'n ernstige plaag op koolgewasse in Australië en is daar al groot infestasies op canola in Wes Australië aangeteken. Die canola varieteite wat in Suid-Afrika verbou word het sy oorsprong uit Australië. Wes Australië het ook 'n Mediterreense klimaat, soos in die Wes Kaap, en kan mens dus verwag dat ruitrugmot se plaagstatus op canola hier kan toeneem. Die vrees is dat canola boere breë-spektrum plaagdoders onoordeelkundig teen ruitrugmot gaan aanwend wat 'n versnelde tempo van weerstandontwikkeling in plaaslike ruitrugmot bevolkings tot gevolg mag hê. Watter maatreëls is daar dan om ruitrugmot op canola in Suid-Afrika te beheer? In baie dele van die wêreld is die gebrek aan effektiewe natuurlike vyande een rede tot die hoë plaagstatus van ruitrugmot. In baie lande, gepaardgaande met die ontwikkeling van weerstand, het die onoordeelkundige gebruik van breë-spektrum plaagbeheermiddels bestaande natuurlike vyande van ruitrugmot uitgewis en die wanbalans veroorsaak. Navorsers van die Landbounavorsingsraad se Navorsingsinstituut vir Plant Beskerming het hoë vlakke van weerstand teen verskillende plaagbeheermiddels by ruitrugmot in verskillende gebiede waar kopkool verbou word aangeteken. Aangesien canola plaaslik 'n relatiewe nuwe gewas is en daar nog nie grootskaalse spuitprogramme toegepas word nie, word aangeneem dat in die nuwe verbouingsgebiede, ruitrugmot populasies nog nie die hoë vlakke van weerstand teen plaagbeheermiddels ontwikkel het nie. Navorsers van die Instituut het ook die natuurlike vyande van ruitrugmot hier bestudeer en word ruitrugmot populasies deur middel van sintetiese feromoon valle gemonitor. Daar is aanduidings dat van die natuurlike vyande in Suid-Afrika wel effektief aangewend kan word en dat daar 'n goeie korrelasie tussen motvangstes met die feromoon valle en larf getalle op gewasse bestaan. Daar word aanbeveel dat 'n strategie om die weerstandontwikkeling by die ruitrugmot te voorkom ontwikkel moet word voordat algemene chemiese spuitprogram aanbevelings gedoen word. Daar moet gewaak word teen die gebruik van breë-spektrum middels. Voorkomende beheer of kalenderspuitprogramme moet ook vermy word. Om weerstandontwikkeling te vertraag, moet 'n spuitprogram waarin middels geroteer word en waaraan voorkeur gegee moet word aan biologiese middels soos Bt en Spinosad, versigtig toegepas word. Ekonomiese drempel vlakke moet eerstens bepaal word. Ruitrugmot populasies moet eers gemonitor word deur veldopnames ("scouting") vir larwes en/of die monitering van volwassenes met behulp van sintetiese feromoon valle waarna chemiese plaagbeheer slegs toegepas word wanneer aanbevole ekonomiese drempel vlakke bereik of oorskry word. In verskillende wêreld lande is bewys dat ruitrugmot 'n mensgemaakte probleem plaag is. Normaalweg word 'n insek plaag deur sy natuurlike vyande onder beheer gebring, maar wanneer spuitprogramme, wat breë-spektrum middels bevat, toegedien word, word die natuurlike vyande eerste uitgewis en ontwikkel die plaag dan weerstand teen chemiese middels. Daar is heelwat natuurlike vyande van ruitrugmot in Suid-Afrika gevind, en word daar dus aanbeveel dat canola boere slegs plaagbeheermiddels spuit wanneer dit uiters noodsaaklik is om sodoende te verhoed dat bevolkings van natuurlike vyande uitgewis word en om die ontwikkeling van weerstand teen chemiese middels by die ruitrugmot te verhoed. Hoe groot 'n probleem is bolwurm by die verbouing van canola? Alhoewel bolwurm as 'n sporadiese plaag beskou word, kan dit in sekere seisoene groot skade aanrig. Oesverliese van tussen 30 en 90 persent is nie ongewoond as die plaag nie tydig bestry word nie. Wanneer doen bolwurm skade aan canola en hoe weet 'n mens wanneer om te spuit? Bolwurm larwes val vrugte en peule aan, dus sal klein bolwurms hul verskyning maak laat in die blomstadium. Gereelde verkenning ( meer as een keer per week) is noodsaaklik en sodra 5 tot 10 larwes per vierkante meter getel word moet gespuit word. Hoe kleiner die larf, hoe makliker word dit beheer. Eerste vervelling larfies is net 1 tot 2mm groot maar sal binne een week 2 tot 3 keer vervel en tussen 10 en 15mm lank wees. Wat word gebruik vir bolwurm beheer? Produkte uit die sintetiese piretroied groep word aangewend vir bolwurm beheer – hulle is baie effektief teen larwes en relatief goedkoop. In sommige gebiede, veral die aangrensend aan vrugteverbouing, is daar 'n sensitiwiteitsverskuiwing van bolwurm teen die piretroiedes opgemerk, en in sulke gevalle kan 'n mengsel van methomyl en 'n piretroied gebruik word. Is plaagbeheer in canola 'n risiko vir bye? Ja. Vir 2 redes – canola blomme is 'n gesogte voedingsbron vir bye en hulle sal lang afstande (tot 5km) vlieg om te voed. Tweedens is die blomstadium wat oor 'n lang tyd duur ook die stadium wanneer veral plantluise, maar ook ruitrugmot en bolwurms, skade kan berokken en dus bespuitings gedoen word. Wat kan gedoen word om die risiko te verlaag? Die byewerkgroep van Croplife SA in samewerking met die Wes-Kaapse bye-vereniging het riglyne tov. middels en hul bye veiligheid opgestel. Hierdie riglyne word in die canola fokus gepubliseer. As al die partye betrokke kennis neem en daarvolgens optree kan die risiko tov. bye goed bestuur word. Wie is die betrokke partye? Eerstens is dit die canola produsent. Daar is bewyse dat bye bestuiwing 'n 8 tot 15 persent oesverhoging in canola opbrengs kan bydra. Tweedens is dit die plaagbeheer adviseur en alle ander insetverskaffers soos konsultante, saadhandelaars, spuitoperateurs ens. En derdens is dit die bye boer self. Wat belangrik is, is dat almal die verantwoordelikheid moet aanvaar en saamwerk om die bye risiko te verlaag. Beskryf die voorkoms en ontwikkeling van swartstam op canola plante. Swartstam word veroorsaak deur die swam Leptosphaeria maculans. Die belangrikste bron van infeksie is canola stoppels van die vorige jaar. In die begin van die groeiseisoen, na voldoende reën geval het, word spore vrygestel vanaf stoppels wat dan deur wind gedra word na canola saailinge. Die hoogste voorkoms van spore is binne 500m radius vanaf die canola stoppels. Die spore heg dan aan die saadlobbe en jong blare en infeksie vind plaas wat dan lei tot die kenmerkende blaarletsels. Die swam groei dan verder deur die blaarsteel tot binne-in die stam. Min of meer vanaf Augustus-maand af raak die swam patogenies en die kenmerkende stam- en kroonletsels verskyn. Kroonletsels is dikwels a.g.v infeksie wat plaasgevind het vanaf die saailing- tot die 4-blaar stadium, terwyl stamletsels wat hoër op geleë is dikwels ontstaan a.g.v. latere blaar-infeksie. Kroonletsels veroorsaak die grootste verliese a.g.v. swartstam, en tydens hoë siektedruk kan die hele oes hierdeur verloor word. Gedurende die groeiseisoen kan spore wat gevorm word in blaarletsels d.m.v. reën versprei na ander blare asook nabygeleë plante, wat dan lei tot verdere infeksie en verspreiding. Wanneer die peule geïnfekteer word, kan dit lei tot saad-infeksie. Saad-infeksie is die belangrikste manier hoe die siekte na ander areas en lande versprei word. Die swam oorleef tydens die somer op canola stoppels en so word die siklus in die volgende jaar herhaal. Waarom is swartstam so moeilik om te beheer? Die grootste faktore wat die bekamping van swartstam bemoeilik is die feit dat die swam baie effektief oor groot afstande versprei word, dat dit die vermoë het om geslagtelik voort te plant, en omdat daar van verskillende verbouings-praktyke en kultivars gebruik gemaak word. Al hierdie faktore dra daartoe by dat nuwe rasse van die swam ontwikkel en dat spesifieke rasse geselekteer word oor tyd. Wanneer genoeg tyd verloop het, kan hierdie rasse genoegsaam vermeerder om te lei tot hoë siektedruk wat groot skade kan veroorsaak. Daar is bereken dat daar tans potensieel 512 verskillende rasse van die swam wêreldwyd voorkom, en soos nuwe inligting versamel word, word nog verdere rasse geïdentifiseer. Omdat verskillende rasse nie noodwendig deur dieselfde beheermaatreëls bekamp word nie, bly swartstam 'n voortdurende probleem. Watter praktyke kan gevolg word om swartstam te beheer? Geïntegreerde siektebeheer is die mees effektiewe manier. Hier is die gebruik van weerstandbiedende kultivars die beste manier om swartstam te bekamp. A.g.v. redes wat in die vorige antwoord gegee is, moet daar egter onthou word dat die weerstandbiedendheid van kultivars nie noodwendig altyd behoue sal bly nie, daarom is dit beter om oor tyd van verskillende kultivars gebruik te maak. Chemiese beheer is nog nie in Suid-Afrika getoets nie en sal vorentoe aangespreek word. Die gebruik van 'n 4-jaar wisselbou siklus word ook sterk aanbeveel om genoeg tyd te gee vir die stoppels om af te breek en sodoende die siektedruk effektief te verminder. Verder is dit baie belangrik om slegs gesertifiseerde saad te plant, aangesien saad wat teruggehou word 'n groot risiko van saadbesmetting inhou. Koolagtige onkruide soos Ramenas en Wilde Mostert moet ook beheer word, aangesien die swam ook op hierdie plante oorleef. Sclerotinia stamvrot is een van die belangrikste siektes van 'n hele aantal gewasse. Is dit ook 'n probleem by canola verbouing? Sclerotinia sclerotiorum wat stamvrot veroorsaak is 'n belangrike patogeen van breëblaargewasse en het 'n baie wye gasheerreeks. Dit is een van die belangrikste siektes van canola in die res van die wêreld, maar gelukkig is dit nog nie 'n probleem by canola verbouing in die Suid-Afrika nie. Canola produsente behoort egter kennis te dra van die simptome van hierdie siekte en die faktore wat die siekte bevoordeel. Sandra, kan jy kortliks die simptome van die siekte beskryf? Simptome verskyn eers gedurende blomtyd en daarna. Die mees kenmerkende simptome van die siekte kom onder op die stamme van plante voor en ook later op die peule. In die geval van canola kan ligte, verbleikte kolle met 'n effense grys middel gedeelte gesien word – gewoonlik by die aanhegtingspunt van die blare of sytakke. Die swam vorm nie spore op die aangetaste plante nie, maar onder gunstige toestande word 'n digte bondel wit swamdrade gevorm waarin daar dikwels donkerbruin tot swart sclerotia gesien kan word. Sclerotia is ongeveer 1-4mm in deursnee. Hierdie sclerotia val op die grond vanwaar dit later ontkiem en dan spore vorm wat die plante infekteer. Swamdrade wat op die grond groei kan egter ander plante infekteer. Die siekte kom dus kenmerkend in kolle voor. Aangetaste plante word gewoonlik voortydig ryp en sterf af. Dit veroorsaak natuurlik laer opbrengs en saadgewig. Dit is belangrik om daarop te let dat sclerotia dikwels in en op peule gevorm word, en gekontamineerde saad kan dus die siekte oordra. Watter toestande bevoordeel Sclerotinia stamvrot en is daar metodes om hierdie siekte te beheer? Warm, vogtige toestande bevorder die ontwikkeling van die siekte. Soos reeds genoem is sclerotia die belangrikste bron van inokulum van die swam en die swam kan tot sewe jaar in die grond oorleef. Dit beteken dat gewasse wat deur hierdie swam aangeval word nie in kort rotasiestelsels opmekaar moet volg nie. Die neiging om canola bv na lupiene te plant om sodoende stikstof wat deur die lupiene agtergelaat is te benut, kan groot probleme veroorsaak. Behalwe vir wisselbou met graangewasse en die gebruik van gesertifiseerde saad moet daar ook aandag gegee word aan onkruidbeheer in die bestuur van die siekte. Hoë onkruidpopulasies verhoog vogtigheid tussen plante sodat toestande meer gunstig is vir siekte ontwikkeling. Dit is ook belangrik om daarop te let dat kultivars wat tans gebruik word nie weerstandbiedend is teen die siekte nie, en daar is ook tans geen chemiese middels plaaslik geregistreer om hierdie siekte by canola te beheer nie. Kwaliteit van canola Mnr J Bruwer Waarna word gekyk as Canola gradeer word? Wanneer canola gradeer word, word daar hoofsaaklik na die volgende aspekte gekyk: Vogpersentasie word bepaal Ander graansade en/of sifsels word bepaal Chlorofiel (Groen pitte) Hitte beskadiging (Bruin pitte) Uitloop persentasie Muwwe pitte By die graderingspesifikasies wat genoem is, is chlorofiel (groen pitte) die belangrikste, want dit kan in 'n mate deur produksiepraktyke beïnvloed word. Wanneer canola te vroeg platgesny word, kan dit groen pitte tot gevolg hê. Die saad is nie fisiologies ryp nie. Daar word net 'n sekere persentasie toegelaat. Normaalweg sny ons canola plat wanneer saad tussen 40-70% saadverkleuring het. Hou van 55-60% saadverkleuring. Te veel groen pitte gee 'n groen kleur aan die olie. Die proses om dit te verwyder is baie duur. Ek moet net sê dat as ons van groen pitte praat, verwys ons na die binnekant van die saad, nadat dit stukkend gerol is. Sekere klimaatstoestande soos vroeë ryp en warm en droë toestande tydens saadvulperiode, kan ook groen pitte tot gevolg hê. Wat beïnvloed olie-inhoud? Die verwerker van canola stel tog belang in die persentasie olie-inhoud en ek dink daar gaan in die toekoms op grond van persentasie olie-inhoud betaal word. Negentig tot vyf-en-negentig persent van die finale olie-inhoud word bepaal deur die omgewingsfaktore en die balans deur die kultivars se genetiese potensiaal. Vroeë saaitye gee ook hoër olie-inhoud, maar dit hang af van die tyd van reën en ryp. Olie is die laaste komponent van saadontwikkeling wat vasgelê word, so vogstres, ryp vanaf middelblom tot middel van saadvulperiode kan die olie-inhoud nadelig beïnvloed. Wanneer plantdigthede te hoog is, oorkompenseer die canolaplant vir water en voedingstowwe en dit lei tot laer opbrengs en olie-inhoud. Optimum plantdigthede wissel tussen 20-60 plante per vierkante meter vir droëland en 60-80 plante per vierkante meter vir besproeiing. Hitte-stres veroorsaak blomafspening en dus 'n verlaging in opbrengs, maar het geen invloed op olie-inhoud nie. Stikstof is belangrik, maar laat toedienings teen hoë kg/ha kan "haying off" veroorsaak en 'n verlies aan opbrengs en olie-inhoud tot gevolg hê. Fosfaat is belangrik vir wortelontwikkeling en swawel vir selwandstrukture en planthormone. As tekorte voorkom, kan beide graanopbrengs en olie-inhoud daal. Soos u kan sien is daar 'n hele klomp faktore wat olie-inhoud kan beïnvloed. Canola is dus verseker nie 'n afskeepsgewas nie. Produksiepraktyke moet dus reg gevolg word. Oestegnieke Mnr Piet Lombard Canola kan platgensy word of direk gestroop word. Watter metode word tans meer algemeen gebruik in Wes- / Suid-Kaap? In die Suid-Kaap het baie van die produsente reeds die toerusting om plat te sny omdat daar natuurlik ook baie gars in die streek verbou word. Die klimaatstoestande in die Suid-Kaap vereis ook meer dat daar van hierdie metode gebruik gemaak word aangesien die canola baie stadiger ryp word as gevolg van die feit dat temperature effens koeler in die streek is en daar ook dikwels reën voorkom tydens die oestyd. In die Swartland is die situasie effe anders en het nie al die boere toegang tot platsnyers nie en is die canola ook geneig om vinniger en meer egalig ryp te word met die gevolg dat baie van die canola wel direk gestroop word. Van die produsente wat redelik groot aanplantings in die gebied het, sal natuurlik neig om hul canola eerder plat te sny omrede dit die druk so effe verlig tydens oestyd. Wat is die voordele van platsny? Meer uniforme rypwording, veral by ongelyke stande en waar grondtipes verskil; Sneller en meer uniforme uitdroging van plante, verminder vogprobleme by lewering; Makliker en vroeër oes van die gewas verminderde saadverliese tydens rypwording en oes van die gewas. Is daar enige belangrike aspekte waarna gelet moet word wanneer daar platgesny en opgetel word. Die snyhoogte moet bokant die vertakking van die plante wees, om 'n mik te vorm waarin die windry kan lê, sodat dit nie deur wind gewaai kan word of te diep in die stoppel insak nie. Beter lugvloei word verseker en die hoeveelheid materiaal wat deur die platsnyer en stroper gehanteer moet word, is ook minder. Daar moet ook verkieslik saam met die normaalweg heersende windrigting gesny word en verkieslik van die kant waarna die peule lê, opgetel word. Wanneer die canola opgetel word na platsny moet die opteller so horisontaal as moontlik gestel word, sodat die windry so min as moontlik versteur word. Die spoed van die opteller moet stadiger wees as by kleingrane anders word die materiaal tot by die hoof awegaar ingetrek, met gepaardgaande saadverliese. Indien moontlik moet die opteller se spoed dieselfde wees as die grondspoed van die stroper. Die mat bokant die opteller moet ook hoër gestel word, aangesien die canolawindry 'n groter volume as kleingraanwindrye het. Kyk ook na die vervaardigers se spesifikasie vir canola of rape wat betref dromspoed, konkaafopening en wind verstellings. Oesstadium van canola Ons het nou gehoor dat platsny die mees algemene oesmetode in die Wes en Suid-Kaap is. Op watter stadium moet die plante platgesny word en hoe word dit bepaal? Platsny behoort plaas te vind wanneer 40–60% van die sade verkleur het. Die canolaplant word egter van onder af ryp met die gevolg dat sade op 'n sekere hoogte gebruik word om die rypheidstadium te bepaal. Genoegsame peule aan die middel van die plant moet gemonster word. Ook, moet op verskillende plekke in 'n land gemonster word om die korrekte gevolgtrekking te maak. Sade moet ferm wees wanneer dit tussen die vingers gerol word en die voginhoud moet tussen 30% tot 35% lê. Te vroeg platsny kan verliese in terme van opbrengs, oliepersentasie, proteïeninhoud en die kwaliteit van die olie meebring. Waar te veel groen sade voorkom kan dit lei tot te hoë vlakke chlorofil wat geneig is om die olie te laat donker word wat natuurlik onaanvaarbaar vir die verbruiker is. Hoe lank na blomstadium word die korrekte stadium vir platsny bereik en hoe lank na platsny kan die plante opgetel en geoes word? Canola is gewoonlik gereed vir platsny op sowat 14 tot 28 dae nadat die blomstadium voltooi is en dit is wanneer minder as 10% van die blomme nog sigbaar is en die peule oorwegend klaar gevorm het. Platgesnyde canola is normaalweg binne 7 tot 10 dae, sodra die voginhoud van die saad benede 8.5% gedaal het, reg om opgetel en geoes te word. Dit hang natuurlik ook af van die heersende omgewingstoestande soos dagtemperature, wind en die hoeveelheid dou wat daar snags mag voorkom. Waar drogingsfasiliteite beskikbaar is kan dit selfs by 'n hoër voginhoud opgetel word. Canola kan ook direk gestroop word. Op watter stadium kan dit gedoen word? Goeie sukses kan ook met direk-stroop behaal word. Noukeurige en tydige monitering van die stand vir rypheid tydens die oesproses is van kardinale belang. Canola is gereed vir oes sodra die peule geel verkleur het, die sade donker van kleur is en ritsel in die peule as dit geskud word. Indien drogingsfasiliteite beskikbaar is kan daar vanaf 14% vog gestroop word. Canola kan egter slegs benede 8% vog geberg word. Genoeg peule moet op verskillende sytakke van die plant op verskillende dele van die land gemonster word. Sodra die canolaplant volwasse is, raak dit gewoonlik baie vinnig ryp en kan optimum oestydperk so kort as slegs enkele dae wees. Rypwording begin by die basis van die stingel en beweeg opwaarts. Moenie wag totdat die plante doodryp is, voordat die oesproses begin nie, aangesien dit kan lei tot groter saadverliese en selfs die olieinhoud nadelig kan beïnvloed. Ignoreer dus moontlike groen peule aan die top van sekere plante. Die maak en breek van al hierdie tegnieke is die voginhoud asook die relatiewe humiditeit van die omgewing. Navorsing toon dat die tyd van die dag wanneer daar gestroop word bitter belangrik is, aangesien dit die voginhoud van die canola bepaal en die vog inhoud hou weer direk verband met die persentasie oesverlies wat daar mag voorkom. Waarde van canola as veevoer Dr Tertius Brand Watter produkte en/of neweprodukte van canola kan in dierevoeding gebruik word? Eerstens moet daar 'n onderskeid getref word tussen volvetcanola – naamlik die ongeprosesseerde saad en canola-oliekoek – die residu nadat die olie meganies uit die saad gedruk is. Beide die produkte is hoë kwaliteit produkte, wat baie goed deur plaasdiere benut word. Wat is die voedingswaarde van canola vir plaasdiere? Die proteïeninhoud van plaaslik geproduseerde volvetcanola is ongeveer 24% met 'n olie-inhoud van 36%. Kanola-oliekoek wat in Suid-Afrika beskikbaar is het 'n proteïeninhoud van 36% met 'n olie-inhoud van ongeveer 9%. Die sogenoemde verbyvloeiproteïenpersentasie van canola-oliekoek is ongeveer 28% en vergelykbaar met die waarde vir sojaboon oliekoek. Hoe kan canola in die diete van plaasdiere gebruik word? Studies wat by Elsenburg sowel as die Universiteit van Pretoria uitgevoer is dui daarop dat die ideale insluitingsvlak van volvetcanola ongeveer 12% in die volvoer van lammers en 6% in die volvoere van melkkoeie is. Kanola-oliekoek kan teen 15% in die volvoere vir skape en 12% in die volvoere van melkbeeste gebruik word. Wat enkelmaagdiere betref is die ideale insluitingspeile van volvetcanola en canola-oliekoek in diëte van varke 12-18%. Vir volstruise is dit ongeveer 10% en vir hoenders blyk die maksimum insluitingsvlakke tussen 5 en 10% te wees. Dit is interessant om te weet dat met die insluiting van volvetcanola in die diëte van hoenders, varke en melkkoeie, 'n gesonder vet en melkvet profiel verkry is – dit is 'n hoër konsentrasie onversadigde teenoor versadigde vette. Dit is verder belangrik om te onthou dat die beste benutting van volvetcanola verkry word indien die canola saad met die graan vermeng word tydens die maalproses. Wat is die ekonomiese waarde van canola as grondstof in veevoere? Die relatiewe geldwaarde van volvetcanola is 90-95% van die waarde van sojaboon oliekoek en die geldwaarde van canola-oliekoek ongeveer 70% van die waarde van sojaboon oliekoek. Biobrandstowwe Mnr JSG Joubert Jy was lid van 'n PNS-afvaardiging wat Duitsland, die VSA en Kanada besoek het om meer inligting oor die Biobrandstofbedryf en die impak daarvan op die veevoermark in te win. Wat is jou indrukke oor die ontwikkelinge in die betrokke lande? Die biobrandstofbedryf in die betrokke lande is baie groter in omvang as wat ek aanvanklik gemeen het en groei steeds teen 'n vinnige tempo. Byvoorbeeld in die VSA is daar in 2000 minder as 7,5 biljoen liter etanol vervaardig, terwyl die projeksie vir 2006-07 ongeveer 20 biljoen liter is. Daar is tans 103 Etanol aanlegte in die VSA in produksie, terwyl 'n groot aantal nog in die beplanningsfase of oprigtingsfase is. Wat is die situasie ten opsigte van biodiesel? In Duitsland is die hoof fokus op biodiesel wat vanuit canola vervaardig word en is dit die mikpunt dat teen 2010, 5.7% van alle dieselverbruik biodiesel moet wees. Die nuwe mikpunt vir 2015 is 'n 8% verpligte insluitingspeil wat die biodieselverbruik op 17 miljoen ton te staan sal bring. In die VSA word biodiesel hoofsaaklik van sojas vervaardig en is daar gedurende 2000 7.5 miljoen liter biodiesel vervaardig. Gedurende 2005 was dit al soveel as 284 miljoen liter. Die aantal biodieselaanlegte in die VSA het ook van 2001 gegroei vanaf 9 tot die huidige 65. Jy het nog niks gesê oor die biobrandstofbedryf in Kanada nie. Die biobrandstofbedryf in Kanada het nog nie groot afmetings aangeneem nie. Kanada is 'n netto uitvoerder van energie en is daar ook nog nie 'n biobrandstofprogram in plek van regeringskant nie. Dit word verwag dat die Kanadese regering gedurende Oktober 2006 'n aankondiging in dié verband sal maak wat volgens spekulasie 'n insluitingspeil van 5% vir etanol en biodiesel sal behels. Etanol word tans op beperkte skaal van koring vervaardig asook biodiesel, maar laasgenoemde nie noodwendig van canola nie. Wat is die hoofredes vir die snelgroeiende biobrandstofbedryf in daardie lande? Die hoofmotiverings wat uit die gesprekke na vore gekom het, is gebaseer op ru-oliepryse, kwynende ru-olievoorrade en dan omgewingsfaktore. Maar wat interessant is, is dat die vernaamste rede, landbou gebaseer is en dit word nie openlik genoem nie. Subsidies op landbouprodukte is nie meer so bekostigbaar nie, dit is in stryd met WHO-beleid, nuwe markte moet gevind word vir grane en dan speel waarde toevoeging ook 'n belangrike rol. Volgens jou, wat is die kritiese faktore vir die sukses van 'n biobrandstofbedryf? Die grondstof byvoorbeeld mielie- etanolprysverhouding asook 'n konstante toevoer van die grondstof. Tweedens is dit baie belangrik dat 'n Regeringprogram / beleid in plek moet wees. Elemente van so 'n program moet onder andere behels 'n verpligte insluitingspeil en 'n subsidie belastingbeleid. Derdens is logistiese aspekte belangrik. Hier dink ek aan die plasing van die aanleg naby die produksiegebied van die grondstof, asook binne bereik van die afnemers van die finale produkte, naamlik die brandstof, DDGS en oliekoek. Laasgenoemde twee is natuurlik baie belangrik vir die veevoermark. Benutting van neweprodukte van biobrandstof as veevoer Dr M Griessel Ons het by 'n vorige geleentheid gesels oor die omvang van die biobrandstofbedryf asook die byprodukte naamlik Oliekoek en DDGS wat uit hierdie bedryf beskikbaar kom vir die veevoermark. Oliekoek is alombekend as 'n goeie proteïenbron maar wat is DDGS? Hennie, DDGS is die afkorting van "Distillers Dried Grain with Solubles". Wanneer grane soos mielies, koring, gars of rog gefermenteer word deur sekere giste en ensieme, word die stysel omskep na etanol en koolsuurgas. In die proses ontstaan daar twee afvalprodukte naamlik "Distillers Grain" en 'n meer oplosbare fraksie "Distillers Solubles". Hierdie twee fraksies word dan vermeng en gedroog en staan dan bekend as "Distillers Dried Grain with Solubles". Het u 'n idee van wat die omvang van oliekoek- en DDGS produksie in die wêreld is? Gedurende 2005/2006 sal daar wêreldwyd 321 miljoen ton oliesade gepers word wat na raming 220 miljoen ton oliekoek en 82 miljoen ton plantaardige olie sal voorsien. Van die 321 miljoen ton oliesade wat gepers word maak sojabone 58% uit (186 miljoen ton) en raapsaad (canola) 13% (43 miljoen ton). Ek is nie seker van wat die wêreld se DDGS produksie is nie. Ek weet egter dat alhoewel etanol in Europa vervaardig word, hulle fokus op biodiesel is. In die VSA egter neem DDGS produksie fenomenaal toe. So byvoorbeeld was DDGS produksie in 1990 – 1,8 miljoen metrieke ton 1995 – 3,0 miljoen metrieke ton en word die produksie vir 2005 en 2010 respektiewelik geskat op 7.0- en 16 miljoen ton. Wat is die proteïeninhoud van DDGS? Die proteïeninhoud van DDGS sal afhang van die graan wat gebruik word, maar die proses speel ook 'n belangrike rol. Die tipiese proteïeninhoud van DDGS afkomstig van mielies is 27-28%. Ek kan interessantheidshalwe noem dat tydens ons besoek aan die VSA ons verneem het van aanlegte in Iowa en Minnesota waar daar DDGS geproduseer word met 'n proteïeninhoud so hoog as 40%. Hier egter word mielies gebruik waarvan beide die kiem en semels verwyder word voor fermentasie. Kan DDGS in die nat vorm gebruik word? Ja, ons inligting is dat 40% van alle DDGS wat tans in die VSA bemark word in die nat vorm is. DDGS bevat nagenoeg 75% vog en om dit te droog is 'n duur proses. Die nat DDGS word dus hoofsaaklik in melkbeeskuddes en voerkrale gebruik wat naby die etanol aanlegte geleë is. Verafgeleë diereproduksie eenhede moet liefs die gedroogde produk gebruik anders word dit 'n baie duur manier om water na diere te vervoer. Ook moet ek noem dat die houvermoë van die nat produk maar beperk is. 'n Verottingsproses kan intree indien die nat produk nie vinnig genoeg gebruik word na vervaardiging nie. Gedurende die somermaande is dit nagenoeg 3 dae en gedurende die wintermaande kan dit waarskynlik rek na 7 dae. Ek neem aan dat etanol en DDGS in die VSA hoofsaaklik van mielies geproduseer word? Hennie ja, om jou 'n idee te gee in 2005 is daar 282 miljoen ton mielies geoes van 30,4 miljoen hektaar. Dit wil sê 9,28 ton per hektaar. In dieselfde jaar is daar 40 miljoen ton mielies gebruik vir etanol produksie, met ander woorde nagenoeg 14%. Die verwagting is dat hierdie syfer sal verdubbel by die jaar 2010. U het genoem dat daar tans ongeveer 7,0 miljoen ton DDGS in die VSA geproduseer word. Word die 7,0 miljoen ton alles in die VSA verbruik? Hennie nee, dit is aan ons genoem dat op hierdie stadium ongeveer 1,3 miljoen ton uitgevoer word terwyl die res soos volg benut word: 44% deur melkbeeste 37% deur vleisbeeste 16% deur varke, en 3% deur hoenders verbruik word. Ons weet dat oliekoek oor 'n lang periode 'n belangrike bron van proteïene in voerrantsoene is. Wat is die situasie ten opsigte van DDGS? Weens kwaliteitsprobleme wat voedingkundiges in die verlede met DDGS ondervind het is baie van hulle huiwerig om dit te gebruik. Ander weer gebruik beperkte hoeveelhede in rantsoene. Baie navorsing word egter gedoen en het dit vir my duidelik geword dat indien streng by sekere ooreengekome vervaardigingspraktyke gebly word, DDGS tot groot voordeel in die veevoerbedryf gebruik kan word. U verwys na kwaliteitsprobleme – wil u 'n bietjie uitbrei? Ja, in die eerste plek moet dit aanvaar word dat jy nie 'n kwaliteit DDGS kan produseer as jy met lae kwaliteit grane begin. Ek het vroeër verwys hoe die stysel in grane omskep word na etanol. Met die verwydering van die stysel in die vervaardigingsproses word die konsentrasie van die ander nutriente in die graan soos proteïen, vet, vesel, minerale en vitamienes drievoudig vermeerder teenoor die van die oorspronklike graan. Met ander woorde, as ons begin met mielies met 9% proteïen sal ons eindig met 27% proteïene. Soortgelyk as die vet-inhoud 3% is sal ons eindig met 9% vet in die DDGS. Dieselfde geld ook vir mikotoksienes. As jy begin met swam besmette mielies wat mikotoksienes soos aflatoksiene, zearalenone of fumonosins bevat, eindig jy met DDGS waar hierdie mikotoksienes drievoudig vermeerder het. Hierdie mikotoksienes word nie in die fermentasie proses vernietig nie. Dit is dan ook hierdie verksynsel wat baie voedingkundiges huiwerig maak om die produk te gebruik. In die vervaardigingsproses wat bepaal die kwaliteit? Hennie, etanol aanlegte se hoof doelstelling is om maksimum produksie te bewerkstellig en gevolglik word oormatige temperature gebruik om die DDGS vinniger te droog. Oorverhitte DDGS het 'n donkerder kleur wat 'n aanduiding is dat die "Maillard" reaksie kon ingetree het. Die verteerbare aminosure in sulke produkte is normaalweg heelwat laer en die kwaliteit dus swakker. By die Universiteit van Minnesota het hulle 'n goeie korrelasie gekry tussen beskikbare lisien en die kleur van die DDGS. Ek het ook vroeër genoem dat "Distillers Dried Grain with Solubles" 'n mengsel van "Distillers Grain" en "Distillers Solubles" is. Dit moet onthou word dat die "Distillers Solubles" 'n baie hoër vet inhoud het as die "Distillers Grain". Aan die anderkant het die "Distillers Grain" weer 'n hoër proteïeninhoud as die "Distillers Solubles". Dit is dus voor die handliggend dat indien hierdie twee produkte nie in 'n konstante verhouding vermeng en gedroog word nie, aansienlike variasie in die eindproduk sal voorkom. Dit was duidelik aan die studiegroep dat daar groot variasie tussen fabrieke voorgekom het. Om dus seker te maak dat bestendige kwaliteit DDGS aangekoop word sou dit my aanbeveling wees dat die verbruiker en vervaardiger van DDGS skriftelik ooreenkom op sekere kwaliteitstandaarde en vervaardigingspraktyke. Die navorsing waarna u verwys toon dit ook aan hoeveel DDGS in verskillende rantsoene gebruik kan word? Ja, die navorsing by die Universiteit van Minnesota is baie insiggewend. Ooglopend sal die insluitingsvlak van DDGS afhang van die beskikbaarheid van ander grondstowwe asook die relatiewe prys van DDGS teenoor die van die ander grondstowwe. Navorsers by hierdie Universiteit het egter getoon dat wanneer goeie kwaliteit DDGS gebruik word, optimale resultate verkry kan word met die volgende insluitingsvlakke vir verskillende klasse vee: Melkbeeste | 20-26% | Voerkraalbeeste | 25-30% | Dragtige sôe | 50% | Lakterende sôe | 20% | Groei- en afrondingsvarke | 20% | Braaikuiken aanvangsrantsoene | 6% | Braaikuiken afrondingsrantsoene | 15% | Lêhenne | 15% | Is daar enige ander eienskappe in DDGS wat u dink die veevoerbedryf kennis moet van neem? Wel, ek het die volgende drie eienskappe interessant gevind: Verskeie navorsers het ons meegedeel dat die voorkoms van ileitis by varke aansienlik minder is wanneer rantsoene DDGS bevat. Dit word gespekuleer dat die voordelige uitwerking van DDGS op dermweefsel toegeskryf kan word of aan sy onoplosbare veselinhoud of aan die oorblywende giste in die DDGS wat so hoog as 4% kan wees. Wanneer dragtige sôe en lakterende sôe se rantsoene DDGS insluit wil dit voorkom dat hierdie sôe se werpsels gemiddeld een varkie per werpsel groter is as die van kontroles. Dan wil ek in die derde plek noem dat voedingkundiges dit dikwels moeilik vind om hoë melkproduserende koeie se energiebehoeftes, kort na kalwing, te bevredig. Die rede is dat hoë innames van hoë energie rantsoene (hoë mieliemeel inhoud) kort na kalwing dikwels aanleiding gee tot melksuur asidose (suurpens). Omdat DDGS 'n relatiewe hoë energieinhoud het, asook die feit dat die stysel na etanol omskep is, kan die risiko van suurpens aansienlik verminder word deur 'n groot deel van die mieliemeel te vervang met DDGS. Wat sal die situasie in die RSA wees met die beoogde etanol aanlegte wat opgerig gaan word? Ek verstaan dat daar beplan word om 8 aanlegte in Suid-Afrika op te rig wat elk 375 000 ton mielies per jaar sal kan verwerk. Dit wil sê 'n totaal van 3 miljoen ton mielies per jaar. As in aanmerking geneem word dat van een metrieke ton mielies: 402 liters etanol 323kg DDGS, en 323kg Koolsuurgas vervaardig kan word, sal 3 miljoen ton mielies 1,2 biljoen liters etanol 969 000 ton DDGS, en 969 000 ton Koolsuurgas lewer. Die eerste vraag wat ontstaan is of Suid-Afrika jaarliks 969 000 ton DDGS kan gebruik. Deur gebruik te maak van 'n rekenaar model het die PNS saam met die UOVS onlangs bepaal dat die aanwendingsvlakke van DDGS in veevoer rantsoene uiters prys sensitief is. As die prys van DDGS teen onrealistiese vlakke vasgestel gaan word, sal ons definitief surplus probleme ondervind. Dit is ook interessant om daarop te let dat die DDGS hoofsaaklik mielies en sonneblomoliekoek in die rantsoene verplaas. Wat is die belangrikste aspekte waarna die vervaardigers van etanol en dan die DDGS moet kyk? Hennie, in die eerste plek moet daar 'n regeringsbeleid in plek wees om die langer termyn produksie van biobrandstowwe te verseker. Hier dink ek aan verpligte insluitingspeile van biobrandstowwe, belastingsbeleid en ander insentiewe. Die aankoopprys van mielies en die verkoopprys van etanol (insluitend insentiewe) moet sodanig wees dat 'n bevredigende rendement op kapitale belegging verkry word. Die aanleg moet naby 'n produksiegebied wees en daar moet seker gemaak word dat daar nie alleen 'n konstante toevoer van graan sal wees nie, maar ook skoon vars water. Om vervoerkoste te beperk moet die aanleg naby afnemers van beide DDGS en etanol wees. Om 'n goeie gehalte DDGS te produseer moet die kwaliteit van graan altyd bo verdenking wees. Goeie vervaardigingspraktyke moet ten alle tye gehandhaaf word en daar moet gewaak word teen oorverhitting.
[]
https://af.brokercheck.co.za/
Welkom by die geboorteplek van suksesvolle traders & beleggers. Vind 'n vertroude broker vir ongeëwenaarde handelstoestande met ons vergelykingsinstrument wat in lyn is met jou beleggingsdoelwitte. Word 'n professionele persoon en ontketen jou volle potensiaal met 'n betroubare Forex broker aangepas by jou behoeftes en handelstyl. Wat maak BrokerCheck spesiaal? Ons glo dat almal die reg het om te verken trade en beleggingsgeleenthede. Dit is hoekom ons die versperrings tot toegang verlaag het. Begin jou reis, aangedryf deur ons. BrokerCheck op Youtube Verkies jy om video's te kyk? Ons het jou gedek met resensies en opvoedkundige materiaal. Die beste deel? Heeltemal gratis!
[ [ "[beste broker vergelyking webwerf]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Broker-Check.png.webp)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/brokercheck-favi-small-white.png.webp)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/brokercheck-favi-small-white.png.webp)" ] ]
https://af.gov-civil-beja.pt/inheritors
Die erfgename Die Britse produsent se tweede album kombineer die oop veld-psychedelia van Cluster en Popul Vuh met 'n gesonde hoeveelheid Boards of Canada se stowwerige blik, wat wissel tussen bruisende pastorale skoonheid en harde ritmiese dwang. Voorgestelde snitte: Speel snit 'Renata' -James HoldenVia SoundCloudRondom die vrystelling van sy 2006-debuutplaat, Die idiote wen , Die Britse vervaardiger James Holden, is deur die produksietydskrif gevra Toekomstige musiek om syne te lys top 10 stukke toerusting . Hy is 'n ruimte-kadet in die onderhoud en draai ledig in 'n deurmekaar kamer. Volgens my telling noem hy agt artikels, waarvan drie opgestopte diere is, waarvan die vierde 'n rak met kinders se aksiefigure wat op sy rekenaar uitkyk. Dit is 'n opvoering van 'n kunstenaar wat destyds nog steeds probeer het om sy reputasie as 'n skaars wettige trance wunderkind / remixer van Britney Spears te verswak: Holden het in die laat 90's op die toneel uitgebars met die soort progressiewe liedjies steeds oplaai na YouTube vergesel van foto's van strande en sonsondergange. Hy sou dit waarskynlik nie erken nie, maar Holden het iets geleer uit die vroeë trans-treffers: gaan groot of gaan huis toe. Dit is 'n impuls wat hy geslyp het, selfs al is hy teruggevoer van sy vroeë opnames: sien sy wolkekrabbery remix van Nathan Fake se 'The Sky Was Pink'. Holden se tweede album, Die erfgename , is 'n woedende vreugdevuur van elektro-akoestiese komposisie. Sy aansteek is die oopveld-psychedelia van groepe soos Cluster en Popol Vuh, met 'n gesonde hoeveelheid Boards of Canada se stowwerige blik. In 15 snitte gebreek, maar speel soos 'n lang, ontwikkelende stuk, Die erfgename wissel tussen bruisende pastorale skoonheid en harde ritmiese dwang. Dit is die geluid van 'n kunstenaar wat pas by sy instrument, terwyl Holden allerhande dierlike geluide uit sy magtige modulêre sintetiseerder lok en probeer om die klank georganiseerd te hou en soms net te slaag. Holden maak gebruik van die instrument - in wese 'n maat sintese-enjin wat aangepas is vir elke snit, aangehelp deur die sagteware wat Holden self skryf - deur die onpresisie daarvan te aanvaar. Hy het sy gestremde stroombane regstreeks opgeneem en in die proses baie potte en skeersels vasgelê Die erfgename 'n woeste en kranige gevoel. As Direksies van Kanada die skoonheid en majesteit van die golwende platteland oproep, stel Holden u in direkte kontak daarmee, wat u dwing om die oneweredige terrein en onreëlmatige posisies te betree. Dit kom op snitte soos 'The Illuminations', waarop mooi, sirkelvormige patrone onderbreek word deur lukraak vervorming en akkoorde word tot die breekpunt van die spreker gehou. In die meeste elektroniese musiek speel die kernelemente - tromme, baslyn, hoofrol - goed gedefinieerde rolle en bewoon bekende soniese ruimtes. Die erfgename werk nie so nie. Die ritmes en melodieë kom van vreemde plekke af, en soms wissel hulle gedurende die loop van 'n liedjie. Die titelsnit is byvoorbeeld 'n orkaan van klank, skerp perkussie-treffers wat 'n massiewe, verdraaide midrange-aanval terugveg. Wanneer Holden tradisionele trommelklanke uitbreek - byvoorbeeld tydens die hoogtepunt van lood-enkelsnit 'Renata' of 'Delabole', versterk dit die intensiteit en bied dit die gegorrelde sint-patrone iets om van te ontspring. Die erfgename kom aan die spits met 'Gone Feral' en die titelsnit, 'n reeks waartydens Holden sy sirkus ontketen en die bloedbad opneem. Die sissende, buigende ossillasies tydens hierdie stuk vee die versigtige pas van spore soos 'Inter-City 125' en 'Rannoch Dawn' skoon. Wanneer hy dit daarna afskakel, het hy 'n sin vir humor: 'Some Resstanding'. Dit is moeilik om die klank van te beskryf Die erfgename sonder om soos 'n analoog verskoning af te kom. Maar draai 'n baan soos 'Blackpool Late Eightes' - die voorlaaste en langste baan, wat as iets van 'n oorwinningsrondte dien - op 'n goeie stelsel en jy kan sy bromende warmte voel, die lug wat dit in die kamer laat klop. U kan u voorstel dat 'n sjamaan Holden te midde van sy masjiene werk, afwisselend regeer en uitlok. Na tientalle luister, Die erfgename voel nog steeds dat dit te eniger tyd van die spoor af kan val, dat die drade daarvan kan struikel en dat die hele album in 'n warboel van terugvoer kan ontaard wat jou sal laat jaag om jou luidsprekers te ontkoppel. Holden se vermoë om 'n ingewikkelde sintetiseerder te verwoes, is nie uniek nie; sy vermoë om die vaardigheid heeltemal nodig te laat lyk, is. Terug huistoe
[]
https://kerkrecht.nl/node/8102/
Die Kerkorde in Praktyk Genre: Commentaar Roodepoort eigen beheer 1999 April 1999 |iv| Gedruk en gebind deur: EFJS Drukkers Posbus 493, ORKNEY 2620 Tel: (018) 473-2740 Uitgegee deur: Dr. J. Visser Sonderendstraat 31 HELDERKRUIN Uitbr. 6 ROODEPOORT 1724 Tel: (011) 768-0989 |v| In verwysings na en aanhalings uit die Kerkorde word steeds die uitgawe van 1980 bedoel (tensy anders vermeld), omdat dit met die opstel van hierdie werk die nuutste beskikbare uitgawe was. Alle skrifverwysings in hierdie werk is volgens die vertaling van 1953. Die Sinode van Reddersburg 1862 het die Dordtse Kerkorde van 1618-19 vir die kerkregering van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika aanvaar. Verskillende sinodes het dit ooreenkomstig artikel 86 gewysig om aan te pas by veranderde tye en plaaslike omstandighede.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/petisie-begin-om-plaaswagte-te-aktiveer/
Die landbouorganisasie TLU SA het ʼn dringende beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om landelike veiligheidstrukture toe te laat om tydens die tydperk van algehele afsondering hul werk voort te sit. Cele het plaaswagte en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) vroeër uitdruklik verbied om met hul normale patrollies en misdaadvoorkoming voort te gaan. TLU SA sê die plaaswagte word sedert die aanvang van die afsonderingstydperk verhoed om patrollies te doen om landelike veiligheid te verseker en voer aan daar was sedertdien ʼn kommerwekkende toename in die diefstal van produkte en lewende hawe. “Landelike veiligheid, met die klem op geweldsmisdade op plase en hoewes, is sedert 1998 as ’n nasionale misdaadprioriteit verklaar. Ter ondersteuning en met die goedkeuring van die polisie dra plaaswagte sedert die laat negentigs beduidend by met landelike patrollies in die landbougebiede en hulp met voorstaandienste om roetes te moniteer,” het Chris van Zyl, adjunkhoofbestuurder van TLU SA, gesê. “Dit geld ook vir misdade wat buite die landbousektor gepleeg is, maar waar verdagtes alle moontlike ontsnaproetes kan benut. Dit is ʼn diens wat allerweë deur die polisie benut word.” Die organisasie sê ter ondersteuning van die polisie is ʼn nasionale landbouveiligheidstrategie in 2018 deur die Agrisektor-eenheidsforum (Asuf) aanvaar en goedgekeur. Die strategie word jaarliks hersien en aangepas en skep ʼn eenvormige landboubydrae vanuit die landbousektor ter ondersteuning van die polisie se landelike veiligheidstrategie. “Die inperking en handhawing van wet en orde stel groot eise aan die polisie, maar dit is hoofsaaklik in digter bewoonde gebiede en op paaie waar verhoogde sigbare polisiëring vereis word om nakoming van die inperkingsregulasies af te dwing,” het Van Zyl gesê. “Uiteraard is yler bewoonde landbougebiede nie meer verseker van doeltreffende en voorkomende polisiëring nie en derhalwe neem die belangrikheid van Plaaswag-aktiwiteite eksponensieel toe.” TLU SA het intussen ʼn platform geskep waarop Suid-Afrikaners ʼn petisie kan steun om druk op die regering uit te oefen om die plaaswagte te aktiveer. Die VF Plus het die afgelope week gesê mense in landelike gebiede is tydens die afsonderingstydperk in ʼn kwesbare posisie. Die party het Cele ook gevra om private veiligheidstrukture weer in te stel. Maroela Media het vroeër ook berig oor die diefstal van minstens 50 skape op ʼn plaas buite Senekal in die Vrystaat. Boere in die omgewing sê veediefstal is ʼn euwel met gevalle wat weekliks in die distrik aangemeld word. Volgens hulle word die situasie tydens die afsonderingstydperk vererger omdat daar minder voorkomende maatreëls in plek is om boewe af te skrik. Boere is ook ongelukkig met Cele omdat patrollies en buurtwagte nie gedurende die algehele landwye afsondering toegelaat word nie. Dis vir my verbysterend dat hulle so nougest is.. So opstelik aspris, en met mense se lewens speel wat die massas voer… Ek dink dit is sy doel… Hulle gee nie ‘n dooie duit om nie So hoe kan hy jou beperk om op jou plaas of plase rond te beweeg . Dag en nag . Jy doen inspeksie jy patroleer nie Stel hulle aan as volunteer werkers wat behulpsaam is met boerdery.. Ignore cele. Do what you have always done to stay safe. He is not the president of this country. He cannot make rules and expect us to listen. As dit nie ‘n “Crime against humanity” is nie dan weet ek nie. Hoe kan die sg. owerhede jou belet om redelike stappe te neem om jouself te beveilig? Ongelukkig kan die ministers en die oorgrote meerderheid regerings amptenare nie drie dimensioneel dink nie. Dit vorm glad nie deel van hulle portefeule nie. Nee! nie eers een dimensioneel nie. Neem in ag dat Cele net n onderwys diploma het. My vraag is wat presies kwalifiseer hom om minister van polisie te wees? Wat hy waar gekoop het? Waar kan ek hierdie petisie teken? Dai persoon wat vra hoe kan cele minister van polisie wees hy het net n onderwys diploma onthou hy was afgedank oor oneerlikheid toe hy dai duur gebou wou huur en onthou in die anc beleid as jy oneerlik is word jy bevorder 35 plaasaanvalle en 6 plaasmoorde sover hierdie maand. Die hele kabinet uitgesluit n paar goeie ministers is ‘n hopelose spul, hulle sal nooit verander nie. Aanvaar dit en beskerm jouself op alle maniere Ons boere is bitter belangrik ek teken en stuur petisie aan met n smile. Ek is een van die ondersteuners wat bid dat al ons boere veilig gehou word deur gebed ook Dit is verbysterend dat die Kommisaris van polisie so stiksiende is. Soos altyd wanneer ‘n ramp ‘n land tref trek die kriminele element voordeel daaruit. Nou met hierdie ramp het hulle ook vir Cele wat hulle ondersteun deur die buurt- en plaaswagte nou nie toe te laat om hul werk te doen nie. Die kriminele kry as ware ‘carte blanche’ om te doen net wat hulle wil en die sekuriteitspersoneel word nou soos kriminele ingehok… Skande…..Cele, skande……
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/regering-maak-bespotting-van-openbaredeelnameproses/
Die tydperk wat gegee word vir kommentaar op nuutgepubliseerde Covid-19-rampregulasies, maak ʼn bespotting van die openbaredeelnameproses en skep die idee dat die regulasies reeds in werking getree het, met of sonder die publiek se kommentaar. Só sê verskeie organisasies en politieke partye nadat Nkosazana Dlamini-Zuma Dinsdag aangekondig het dat die ramptoestand moontlik so gou as 5 April opgeskort sal word. Die publiek het net 48 uur om kommentaar te lewer op die nuutste regulasies, wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is, voordat dit ’n maand ná die ophef van die nasionale ramptoestand in werking sal tree. Dié 30 dae kan as ’n sogenaamde oorgangstydperk beskou word waartydens die publiek se kommentaar oorweeg sal word. Die voorgestelde regulasies behels dat die dra van maskers binnenshuis verpligtend sal bly terwyl daar ’n permanente beperking sal wees op die aantal mense wat geleenthede mag bywoon. Die voorgestelde wysigings aan die regulasies sal die staat ook in staat stel om mense in kwarantynkampe in te dwing en mediese behandeling op hulle af te dwing. Hoewel dié regulasies soortgelyk is aan dié wat vroeër die maand deur die departement van gesondheid gepubliseer is, en waarvoor die publiek tot 15 April het om op te reageer, moet dit nie met mekaar verwar word nie. Oor die nuutste regulasies sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering en tradisionele sake, “Dlamini Zuma gee die publiek slegs dae om insette te lewer oor só ʼn belangrike saak wat reeds soveel ontwrigting veroorsaak het. Dit is belaglik en klink inderdaad na ’n Aprilgek-grap.” Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, sê ook hy weet nie of dit veel impak gaan hê as lede van die publiek net twee dae het om hierop kommentaar te lewer nie. Die manier waarop die regulasies verwoord is, laat dit boonop voorkom of die regulasies reeds in werking gestel is. “Die wysiging van die regulasies sal in werking tree met publikasie in die Staatskoerant”, lui die bewoording. Dít net nadat die voorgestelde regulasies reeds enkele paragrawe boontoe gepubliseer is. Indien minister Nkosazana Dlamini-Zuma nié haar woord gestand doen en teen volgende week die nasionale ramptoestand ophef nie, sal Solidariteit die hof vra om dit namens haar te doen. Die vakbond se hofsaak rakende die ramptoestand sal Dinsdag (5 April) in die Pretoriase hooggeregshof voortgaan sou die ramptoestand nie voor dán opgehef word nie. Hy sê die vakbond voorsien boonop dat die gesondheidsregulasies “uiters irrasioneel” gaan wees wanneer die ramptoestand eindelik opgehef word en dié regulasies eindelik in werking tree. Vrae oor maandlange ‘oorgangstydperk’ AfriForum het Woensdag in ’n verklaring gesê hy sal ook ongetwyfeld voortgaan met sy hofsaak indien die regering nie die ramptoestand ophef voordat sy saak volgende maand in die hof aangehoor word nie. Dié organisasie is nie beïndruk met die huidige ramptoestandregulasies wat steeds vir 30 dae sal geld nadat die ramptoestand opgehef word nie. “Al is daar geen ramptoestand nie, sal die regering steeds alle onnodige regulasies kan afdwing totdat hy die huidige wet aangepas het om die regulasies in permanente wetgewing te vervat.” Die burgerregteorganisasie beplan om die voorgestelde wysiging aan die gesondheidswet sowel as aan die Covid-19-rampregulasies, teen te staan. “Dit is net nog ’n poging deur die regering om die mag, wat deur die instel van drakoniese regulasies die afgelope twee jaar verkry is, te behou. AfriForum gaan kommentaar indien om dié beplande wysigings teen te staan. Die organisasie het ook reeds sy regspan opdrag gegee om die nodige regsaksie te neem indien die regering besluit om die wysigings te implementeer. “Die ANC is magsmal en doen sy uiterste bes om allerhande slinkse maniere uit te dink om aan sy onbeperkte magte te klou,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder. “Solank as wat hierdie regulasies in plek is, kan die president en ’n klein groepie ministers die parlement omseil en regulasies uitdink soos hul lus kry. Vir alle praktiese doeleindes, is Suid-Afrika al vir twee jaar nie meer ’n demokrasie nie en daarom sal ons aanhou baklei vir burgers se regte.” En as Covid heeltemal van die aardbol af verdwyn het, moet ons dan nog steeds maskers dra en ingespuit word? En half-vol pawiljoene hê? Vir ewig? Geen “sunset clause”, soos met regstellende aksies en trawante. Met die gewone verkoue virus wat al die afgelope 500 jaar op die “aardbol” is, is die kanse goed dat covid nie gou gaan verdwyn nie. Heel moontlik nie binne die volgende dekades nie. Dis tyd dat ons ons agterente aan die regering afvee met wetgewing en regulasies en al. Die regering sal ons nooit ons volle vryheid weer teruggee nie, ons sal dit self moet terugneem, wat dit ookal verg. Gee plek en datum waar ons moet vergader en ‘n plan van aksie bespreek. Innie kol in! Daar’s geen ander uitweg as die afvee enekie nie. Elke mens op aarde dra die gevolge van sy besluite. Julle is niks anders nie. Die land is keelvol…. Almal moet hulle teen staan hulle kan nie almal toe sluit nie genoeg is genoeg dis n klomp st…t Ons moes 2 jaar terug al begin opstaan het teen die lot. Enigste land wat nog so aan gaan. Van ‘n demokrasie tot volslae komunisme in 2 jaar sonder dat ‘n druppel bloed van teenkanting gevloei het. Dit wasrvoor baie van ons se broers, pa’ s, oupas gesterf het. Alles onnodig!!! So Afriforum, gee hulle gas, asseblief. Laat die burgers van hierdie land hulle land terug vat van die ANC komuniste!!! Dink jy die wat buiteland toe gevlug het is beter af? NZ het nou mos covid kampe. China ook. Aus word met ysterhand beheer. Verskillende lande. Selfde —— Dit gebeur in menige ander lande. Eintlik alal. Want die leiers wat die probleem ontken, word vervang Kommunisme is oral besig om sagkens in te sluip, in Kanada ook. Mense moet hul oë begin oopmaak en sien vir wat dit is : ‘n klug wat gebruik word om die wêreld na sosialisme en kommunisme te lei. Dis die manier om ons vryhede in te kort en covid is ‘n manier om ons gehoorsaamheid te toets. Mense, staan op teen hierdie drakoniese reëls anders gaan ons spyt wees. “AfriForum het Woensdag in ’n verklaring gesê hy sal ook ongetwyfeld voortgaan met sy hofsaak indien die regering nie die ramptoestand ophef voordat sy saak in die hof aangehoor word nie. Die saak is op die rol vir 20 Maart.” Seker 20 April? Die hele blêddie regering is ‘n helse ramp. Welkom nuwe wêreld orde…. CONTROL FREAKS! Die saak is op die rol vir 20 Maart. Seker n tik fout. Tipies Of tik gerook. Sjoe…skrik ek nou vir daaaaai foto….genoeg om enige mens die hories te gee Ek sien sodra mens die poging van 2003 noem, en die toilet papier toets, dan word kommentare verwyder? Nothing is so permanent as a temporary government program. Milton Friedman
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/sa-weer-buite-stemming-oor-rusland-oekraine-konflik/
Suid-Afrika is een van 32 lidlande van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) wat buite stemming gebly het oor die resolusie dat Rusland al sy troepe onmiddellik, heeltemal en onvoorwaardelik aan Oekraïne moet onttrek. Saam met Suid-Afrika het China en Indië ook buite stemming gebly en voer aan dat hulle neutraal in die oorlog wil bly. Suid-Afrika bly sedert verlede jaar buite stemming oor die resolusie en wil kwansuis nie standpunt oor die oorlog inneem nie. Altesaam 141 lande het ten gunste van die resolusie gestem en sewe daarteen. Dié sewe nasies is Rusland, Belarus, Sirië, Noord-Korea, Mali, Nicaragua en Eritrea. Die getal stemme ten gunste van die einde van die oorlog bly onveranderd sedert Maart verlede jaar. Nietemin meen Josep Borrell, hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie, die getal stemme ten gunste van die resolusie wys dat die internasionale gemeenskap agter Oekraïne staan. ‘SA nie werklik neutraal’ Die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lavrov saam met Naledi Pandor, minister van samewerkende regering en internasionale betrekkinge (Foto: Phill Magakoe/AFP) Die Suid-Afrikaanse regering het met sy besluit om buite stemming te bly aangedui dat hy neutraal wil bly om steeds goeie bande met albei lande te kan handhaaf, maar volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, is die regering nie werklik neutraal nie. “Dit sou veel wyser wees om standpunt teen die oorlog in te neem as ʼn morele beginsel; om dit duidelik te maak dat Suid-Afrika oorlog veroordeel en hom heeltemal van die oorlog te verwyder,” sê Kleynhans. “Dit is duidelik dat Suid-Afrika vir Rusland diplomaties beter hanteer.” Die Suid-Afrikaanse regering het in Januarie die rooi tapyt vir Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, uitgerol en is tans besig met ʼn gesamentlike militêre oefening saam met China en Rusland. “Dit is begrypbaar dat Suid-Afrika sy handelsbetrekkinge met Rusland wil behou, maar dié handel is inderwaarheid weglaatbaar klein en nie só belangrik vir Suid-Afrika nie. Die handelsbetrekkinge met die westerse lande is veel belangriker,” sê Kleynhans. Op die vraag waarom Suid-Afrika so aan Rusland se rokspante vasklou, antwoord Kleyhans dat dit ʼn “ideologiese en historiese saak” is. “Suid-Afrika is ideologies aangetrokke tot Rusland en het ʼn historiese en romantiese beeld van die Sowiëtunie se kommunistiese en sosialistiese uitkyke. Wat die regering egter nie begryp nie, is dat Rusland nie meer ʼn kommunistiese land is nie.” Volgens Kleynhans het Suid-Afrika ook ’n “historiese lojaliteit” teenoor Rusland, ʼn land wat Suid-Afrika tydens die apartheidsjare ondersteun het. “Indien die regering sy besluit oor die Rusland-Oekraïne-oorlog hierop baseer, tree hy glad nie in belang van die land en sy burgers op nie.” Sterk steun vir Oekraïne Die VN-stemming het gekom ná twee dae van debatvoering waartydens Oekraïne se minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, die internasionale gemeenskap aangemoedig het om “tussen reg en verkeerd” te kies. Hy het die idee verwerp dat Kiëf slegs die steun van die westerse lande, die Europese Unie, die Verenigde State en hul sleutelbondgenote het. “Die stemming weerspreek die argument dat die suidelike lande nie aan Oekraïne se kant staan nie, omdat baie lande in Suid-Amerika, Afrika en Asië vandag ten gunste van die oorlog gestem het,” sê Kuleba. Andriy Yermak, stafhoof van die kantoor van die Oekraïense president, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal “wat vir Oekraïne opgestaan het op die eenjaarherdenking van die [uitbreek van die] oorlog”. “Die wêreld verstaan aan wie se kant die waarheid is,” het hy gesê. Die resolusie het die steun vir Oekraïne se “soewereiniteit” en “territoriale integriteit” weer bevestig deur enige Russiese aansprake op die dele van die land wat dit beset te verwerp. “Hopelik is daar nie volgende jaar ʼn tweede herdenking van hierdie sinnelose oorlog nie,” het die Japanse minister van buitelandse sake, Yoshimasa Hayashi, gesê. “Rusland kan en moet gestop word,” het die Franse minister van buitelandse sake, Catherine Colonna, gesê. Rusland het die resolusie verwerp, met sy VN-verteenwoordiger, Vasily Nebenzya, wat Oekraïne ʼn “nieu-Nazi” genoem het en die Weste daarvan beskuldig het dat hulle die land en die ontwikkelende wêreld opoffer in hul begeerte om Rusland te wen. “Hulle is bereid om die hele wêreld in die afgrond van oorlog te dompel om hul eie hegemonie te handhaaf,” het Nebenzya gesê. Bykomende bron: AFP Ons het nie nodig om ons neuse in daai bynes in te steek nie. niemand vra dit nie, dievraag is om te stem teen wat verkeerd is maar die regering kan nie teen iets wat verkeerd is stem nie, hulle is self te verkeerd en onwettig Ukraine is ook nie so onskuldig soos hul pleit nie. Dis nie verbasend nie. Ons sal nie stem in so konflik nie omdat ons “vriendelike lande is” eenvoudig. vriendelik teenoor agressor ja Ja dis die lande waarmee ons n venootskap het, en sal nie teen hul gaan nie. Slava Ukraini!!!! Oekraïne gaan binnekort op ‘n posseël pas. Hou op asseblief om te sê Suid Afrika het daarteen gestem en skryf liewerste, THE cANCer HET DAARTEEN GESTEM. Ek is ook nie teen hul nie, en eks nie ANC nie. Ek spoeg op die ANC wat dikteer! Die regte besluit gemaak vir die verkeerde redes. is nie eens regte besluit nie Niè SA wat buite stemmery bly. Ons regerende party…. en miljoene mense. Julle kyk op socials wat gebeur en kies net so die Ukraine, hulle glad nie so onskuldig soos daai akteur president wil voorgee nie. Die ANC praat nie namens my nie. Soort soek soort is die Afrikaanse gesegde maar hier is dit ware feite ,ek hoop die weste isoleer hierdie piesang Republiek. Ek dink nie jy het enigens n idee wat dan sal gebeur nie. Niks fout om uit stem te bly nie, die ou NP het destyds ook. Niks nuuts nie. Ons regering is ruggraatlose draadsitters – nie die oorgrootte meerderheid van die land se burgers nie! Vertel ons iets nuuts! Julle kan nie sê Suid Afrika nie. Sê eerder die anc!!!! Een “Comrade” onderdteun die ander “Comrades” Die klom is onverantwoordelik. Sal altyd op die draad bly sit. Rusland en China sal die ANC faal net soos wat Amerika en sy bondgenote die Afrikaners gefaal het.
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2023/01/337n2kp-highres-320x213.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/suid-afrikaanse-lugmag-gedenkteken-geplunder/
Boosdoeners het Saterdagaand by die perseel van die Suid-Afrikaanse Lugmag-gedenkteken op Bay’s Hill in Swartkop buite Pretoria ingebreek en die museum geplunder. Die Suid-Afrikaanse Lugmag-gedenkteken is ʼn gedenkteken vir lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) wat gesterf het terwyl hulle in diens van die Suid-Afrikaanse Lugkorps en sy opvolger, die Suid-Afrikaanse Lugmag, was. Die museum kyk uit oor die lugmagbasis in Swartkop – die eerste lugmagbasis van die SALM. ʼn Jaarlikse gedenkdiens word tradisioneel in Mei hier gehou. Volgens ʼn verklaring wat Sondagaand uitgereik is, is die gedenksteen wat die destydse TBVC-state (Transkei, Bophuthatswana, Venda, and Ciskei) uitbeeld, afgebreek. “Alle elektriese kabels en pompe is gesteel, alle ligte om die monument is uitgebreek. “Die basis het reeds ʼn skadebepaling gedoen, en ʼn vergadering is vir Maandag gereël om die pad vorentoe te bespreek. “Dit is ʼn tragiese toedrag van sake,” lui die verklaring. Simptomaties van ‘n staat waar die kriminele regstelsel bebloed voortstrompel in die ANC se National Democratic Society aka Mzansibabwe. Tragies. Die beginsel geld: as jy geen geskiedenis van prestasie het, gee jy niks om en daarom het nuwe bestel ook geen toekoms! Dit is ook sprekend van die verval van ons dorpe en vernieting van monumente, voorbeelde: Lichtenburg, Kimberley en vele ander. Dorpe, provinsies word gekaap, name verander en geskiedenis en infrastruktuur verwaarloos of vernietig. Die “Voel vere klub” floreer! Tragies. Waar gaan dit eindig? Tot alles verwoes en vernietig is! Tragies! So die weermag kan nie eens hulle eie goed en enkele weermag monument beskerm teen misdadigers nie so hoe hulle ons LAND kan beskerm weet nugter Die oorsaak hier is deur onopgevoede boosdoeners. Ons land is ongelukkig vol van hulle weens die regering nie meer omgee oor die land, sy mense en sy geskiedenis nie. Dis baie hartseer en tragies oor die disrespek wat hier ten toon gestel is. Wat anders kan ‘n mens in hierdie misdaadhool verwag? My hart huil …… terwyl my bloed kook van woede!! Ek stem. Kokerboom jy is 100% reg. Wanneer jy in persoon leeg is is daar geen hoop op beskaafdheid nie.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wes-kaapse-ouers-gemaan-om-aansoek-te-doen-vir-2024/
Met net meer as een week oor voor die sluitingsdatum vir aansoeke vir skoolplasings in 2024, maan die DA in die Wes-Kaap alle ouers om seker te maak hul kinders se aansoeke is volledig ingedien. Aansoeke vir die 2024-skooljaar sluit op 14 April 2023 om 23:59. “Die Wes-Kaapse departement van onderwys het alles in sy vermoë gedoen om ouers te help om aansoek te doen vir die 2024-skooljaar,” sê Deidré Baartman, die DA se Wes-Kaapse woordvoerder oor onderwys. “Alhoewel die gerieflikste opsie vir meeste ouers die provinsiale departement se aanlyn platform bly, het die departement ook nog steeds ʼn rits tydelike stasies reg oor die provinsie beskikbaar. Hierdie stasies help ouers wat nie toegang het tot die internet nie, en opgeleide beamptes staan gereed om die aansoeke in te dien of enige vrae te beantwoord.” Die provinsiale departement het ook stappe gedoen om seker te maak dat alle leerders, wat betyds aansoek doen, geakkommodeer sal word. Die departement het vanjaar R350 miljoen belê in die voortsetting van sy hoogs suksesvolle Rapid Build Program, wat tot dusver reeds meer as 740 klaskamers in die Wes-Kaap opgerig het. “Die sukses van dié program is gesien in die konstruksie van die Saxonsea Junior High School in Atlantis, wat binne slegs 65 dae afgehandel is. Dié projek het seker gemaak dat daar in 2023 nie enige leerders in Atlantis is wat nie geplaas is nie.” Baartman sê hoe vinniger die aansoeke afgehandel word, hoe vinniger kan die departement die plasings hanteer en seker maak dat leerders ʼn soomlose oorgang het na die volgende fase van hul opleiding. Inligting oor die 2024-aansoeke, insluitend die aanlyn aansoekplatform en inligting oor tydelike stasies is hier beskikbaar.
[]
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/dobson-krap-kop-oor-swak-eerste-helfte/
Swak dissipline in die eerste helfte het waarskynlik die Stormers-skip die afgelope naweek op Loftus Versfeld gesink. Die Bulls het die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd met 40–22 gewen om die Kapenaars vir die eerste keer in agt probeerslae te klop. “As ʼn mens na ons dissipline in die eerste halfuur kyk, kan jy tereg sê dat dit waarskynlik een van ons swakste vertonings nóg was. Ná 12 minute het ons reeds vyf strafskoppe afgestaan,” het John Dobson gesê. Die Bulls het binne ʼn japtrap ʼn voorsprong van 19–5 geniet en volgens die Stormers-afrigter kan ʼn span net nie bekostig om ʼn wedstryd só teen die Pretorianers te begin nie. “Jy kan nie só teen ʼn goeie span soos die Bulls speel nie. Ek weet glad nie waar dit skielik vandaan gekom het nie, maar dit was glad nie goed nie.” Die Stormers kon weliswaar met ʼn paar drieë net voor rustyd terugslaan, maar enige sprake van ʼn terugvegpoging later in die wedstryd is deur ongedwonge foute gekelder. “Ek het nog nooit gesien dat dinge so erg skeefloop nie. Ons het onder meer die bal direk uitgeskop, die stryd om die bal in die lug verloor en met ons afskopwerk gesukkel. Dit was omtrent vir jou ʼn rillervertoning.” Daar was wel ʼn paar ligpunte. “Ek dink Warrick Gelant het skitterend gespeel, terwyl Manie [Libbok] en Damian [Willemse] ook goed was. In die tweede helfte het ons goeie momentum opgebou, net om alles weer prys te gee met ʼn onnodige strafskop teen ons.” Die waarheid is dat die Stormers al die hele seisoen sukkel. Kyk net waar sit hulle op die punteleer. Daar is ‘n paar goeie individuele vertonings maar die spelers speel nie goed as ‘n span saam nie. Dobson, bly hy erken die swak vertoning en blameer nie weer die skeidsregter nie, jou span het nie opgedaag nie, swak ingooiwerk in lynstane, swak besluite om kantlyn toe te skop en nie eerder pale te skop vir n moontlike 3 punte nie, Libbok was miskien goed in jou oe, maar ongelukkig nie goed genoeg om die telling beter te laat vertoon nie. SJN hy is nie die bull ondersteuners wat altyd die ref beskuldig nie Dweba se swak ingooiwerk by die lynstane, was nog altyd ‘n probleem en dit sou die Stormers die een of ander tyd gebyt het. Hulle besef ook nie hoeveel hulle vir Ruhan Nel mis nie, hy organiseer die middelveld. Jy speel ook nie senters uit posisie nie, Dan du Plessis is ‘n binnesenter, nie ‘n buitesenter nie. Hulle het egter nie die eerste helfte goed gespeel nie, klaar.
[]
https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/ruhan-du-toit-en-sy-vrou-deel-liefdesverhaal-in-sielvolle-video/
“Mag ek jou laaste wees” is vir gereelde luisteraars van die sanger Ruhan du Toit se musiek gʼn nuwe snit nie, maar dié kragballade lê die sanger en sy vrou, Marinda, só na aan die hart dat hulle besluit het die liedjie moet ʼn musiekvideo kry. Daarom het hulle kragte saam met Quintin van der Merwe van Quintessential Media gesnoer om ʼn pragtige musiekvideo vir “Mag ek jou laaste wees” te vervaardig. Die video is geskiet by Rosemary Hill naby Bronkhorstspruit, waar Ruhan en Marinda gereeld fiets ry. Anja Nieuwoudt van Boer soek ʼn vrou-faam en haar kêrel, Luaan Pieterse, vertolk die paartjie in die video. “Daar is op die perseel ʼn vervalle gebou wat pragtig is vir foto’s en video’s en ek het altyd gesê ek sal graag daar iets wil skiet,” vertel Ruhan aan Maroela Media. “Dit was eintlik Marinda se idee. Ons albei voel die liedjie vang ons liefdesverhaal so perfek vas en dat ons so gelukkig is om weer ʼn kans te kry op liefde.” Ruhan verklap dat hy en Marinda nie Valentynsdag vier nie, bloot omdat hulle elke dag iets spesiaal probeer doen om tyd saam deur te bring. “Ons leef en werk saam, maar ons maak elke dag tyd om vir mekaar te sê ons is lief vir mekaar. Dit is vir ons uiters belangrik om in elke dag se saamwees mekaar te herinner aan ons liefde vir mekaar.” “Mag ek jou laaste wees” verskyn in Ruhan se jongste album, Stockholm Sindroom, wat verlede jaar uitgereik is. “Ek hoop die musiekvideo sal vir mense dieselfde warm gevoel gee as wat ons gehad het toe ons dit geskiet het,” sê Ruhan. “Mag ek jou laaste wees” is op alle groot digitale platforms beskikbaar. Kyk hier na die musiekvideo vir “Mag ek jou laaste wees”.
[]
https://pixbysteve.co.za/category/uitsig-wedding-venue/
Janko en Tharina is 2 skadu mense, hulle sal altyd daar wees vir jou, maar tog is hulle stil en in die agtergrond...Tydens hulle couple shoot het ons lieflike natuurlik lig foto's in die strate van Mosselbaai gaan neem en daar kon jy al duidelik die spesiale band sien. Hulle vriende het die romantiese dag gevul met energie, jokes en GROOT sports!!! Die dag het oor hulle gegaan, hulle vriende Hulle het `n rustige middag troue gehad, dit was `n gemaklike kuier op die gras, met oud en jonk wat spelletjies gespeel het. Dankie vir die voorreg om te kon deel in julle dag!
[]
https://everitt-capeagulhas.co.za/chas-everitt-cape-agulhas-agents/sarina-van-der-westhuizen/
Sarina van der Westhuizen Sarina likes travelling, reading, jogging, and spending time with her family during lunches or dinners. When she has time to spend with friends, she treasures a smaller intimate group, and she makes a mean potjie. Sarina says: ‘We are so privileged to live in one of the most beautiful places on earth and I try to take a breath every day and enjoy it.’ With the busy work life that is demanded of a top agent, it makes sense, that Sarina prefers a manageable house with beautiful views of the sea or mountains, and a cosy self-maintaining garden. One of Sarina's favourite quotes is from Prof Thuli Madonsela "Through life, I have learned that the most important critic whose judgement of my actions matters, is my conscience." Sarina's family is important to her, and they motivate and inspire her every day. She loves taking to the road for exercise, especially living in beautiful Struisbaai. Sarina is a NQF5 qualified agent with over 20 years’ experience in property. You are in an experts’ hands when doing business with this dynamic real estate professional. Ek skryf om Chas Everitt in Struisbaai te bedank vir die kwaliteit van diens en spesifiek wat Sarina verskaf het in ons soektog na n eiendom . Ons waardeer julle maatskappy se doeltreffende en professionele kliëntediens, die vlak van detail en aanspreeklikheid wat julle op elke aspek getoon het en die manier waarop julle besigheid as geheel uitvoer. Ons het, en sal voortgaan julle diens aan ander maatskappye en kontakte aan te beveel. Ons familie kon nie meer tevrede wees met julle werk nie, en ons sien uit daarna om hierdie verhouding voort te sit. Baie dankie vir jul geduld, vriendelikheid, hulp en flinke diens gedurende die erf soek en aankoop. Twee persone wat ek die meeste interaksie mee gehad het was Sarina wat meer as net gehelp het om n erf te soek en tweedens Karlien vir haar eposse om ons altyd op hoogste te hou met die vordering. Weereens duisende dankies. Mag jul maatskappy van krag tot krag gaan met jul puik diens. Sarina, julle bied ‘n rustigheid aan die kliënte, wat hom / haar besonders laat voel in ‘n situasie wat vir sommige nogal uitdagend kan wees. (Ook vir jou as agent). Ek wil veral vir jou gelukwens, jy lewer baie spesiale diens. Dankie daarvoor. Ek wil net vir Chas Everitt veral Strepies en Sarina baie dankie se vir hulle baie professionele optrede tydens die verkoop van ons huis. Ons huis is binne ‘n dag verkoop en as daar enige navraag van ons kant af was was hulle onmiddellik daar om al die antwoorde stiptelik te gee. Alles het glad verloop en daar was nie een dag wat ons nie op hoogte gehou is van die vordering van die afhandelling nie. Dankie vir julle wonderlike diens aan ons. Hiermee wil ons graag die Chas Everitt eiendoms agentskap sterk aanbeveel sy dit wees om ‘n eiendom te koop of te verkoop.
[ [ "[Sarina van der Westhuizen_Chas Everitt Property Pro]", "http://everitt-capeagulhas.co.za/(https://everitt-capeagulhas.co.za/wp-content/uploads/2021/08/20210608_093102-e1627993116818-1024x811.jpg)" ], [ "[Sarina & family]", "http://everitt-capeagulhas.co.za/(https://everitt-capeagulhas.co.za/wp-content/uploads/2021/08/20210716_135155-scaled-e1627993875583-1024x1015.jpg)" ] ]
https://moriel.org/teaching/sermons-in-afrikaans/house-of-david-house-of-saul-2-afrikaans.html
2. Sam. 3:1 "En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker". Die oorlog tussen die Huis van Dawid en die huis van Saul. Die huis van Dawid het al sterker geword terwyl die huis van Saul al swakker en swakker geword het. In die huis van Saul is: Jes. 66:5: "‐Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil‐‐‐" aDie Boek Rigters is van die begin tot die einde 'n Boek van oorlog. Dit gaan oor die Jode wat veg teen die Amelikiete, Kanaaniete en die Filistyne. Die Boek vertel oor die oorlog van Debora, van Gideon en van Simson, maar die bloedigste en die wreedste en lelikste oorlog van al die oorloë in Rigters, die een met die meeste ongevalle, die een waar die meeste bloed gestort was, was nie die een van Simson of Debora of Gideon nie, nee, dit was die laaste oorlog in Rigters, die een waar die meeste mense gesterwe het, dit was toe die Jode teen die Jode geveg het, broer teen broer!Daar kom 'n tyd wanneer jou broer jou gaan haat en verstoot omrede die Woord van die Here, en dit is wanneer dinge nie meer so maklik gaan wees nie. Die Boek Rigters is van die begin tot die einde 'n Boek van oorlog. Dit gaan oor die Jode wat veg teen die Amelikiete, Kanaaniete en die Filistyne. Die Boek vertel oor die oorlog van Debora, van Gideon en van Simson, maar die bloedigste en die wreedste en lelikste oorlog van al die oorloë in Rigters, die een met die meeste ongevalle, die een waar die meeste bloed gestort was, was nie die een van Simson of Debora of Gideon nie, nee, dit was die laaste oorlog in Rigters, die een waar die meeste mense gesterwe het, dit was toe die Jode teen die Jode geveg het, broer teen broer! Wat was Paulus se grootse probleem in sy bediening? Lees sy Briewe! Was dit toe hy voor die Romeine gebring was en in die Sinagoge gegésel was? Nee, hierdie dinge was nie die dinge wat hom die meeste gegrief het nie. Paulus sê hy het self ook die Christene vervolg en hy sê dat hy terug ontvang het wat hy uitgedeel het. Paulus sê hy is die laaste een wat kan kla oor wat met hom gebeur, maar dit is nie wat hom die meeste versteur het nie, wat hom die meeste gepla het was die valse broeders, profete, leraars en leerstellings in die gemeentes wat die broers en susters probeer mislei het, in die gemeentes wat hy opgerig het. Paulus was altyd omsingel deur valse broeders, lees 2.Timotheus en Thessalonicense, hierdie was die dinge wat vir Paulus baie erg ontstel het. Die laaste oorlog in Rigters was 'n wrede oorlog, en baie meer mense het in hierdie oorlog gesterwe en baie meer bloed is op die aarde gestort as in enige van die ander oorloë. En dit is absoluut seker dat die moeilikste oorlog wat jy, of 'n leier of 'n herder kan veg, of wat deur die kerke geveg kan word, is nie die geveg met die ongereddes, of met die wêreld nie. Ek is nie bang om met Vrymesselaars, die Roomse Kerk, of met Islam te deel nie, hierdie is nie diegene wat gevrees moet word nie, nee, die moeilikste geveg is wanneer jy die Swaard teen jou broers en susters moet opneem. In die laaste oorlog in Rigters het die Jode nie 'n keuse gehad nie. 'n Vrou was gedood en haar liggaam was in stukke opgekap, maar wat beteken dit? Kyk na die leerstellings van mense soos E.W. Kenyon wat die vader was van dinge soos: Jesus het geestelik gesterf!, dit beteken dat Koning Jesus nie op die Kruis oorwin het nie! Koning Jesus het op die Kruis gesê: "Dit is volbring" Maar Kenyon sê dit is nie so nie. Jesus het gesterf en opgestaan, maar Kenyon sê Hy het afgedaal na die Hel waar Hy 'n Sataniese Wese geword, hy sê Christus het in die Hel dieselfde natuur as Satan aangeneem!! Hy sê Koning Jesus was wedergebore in die Hel!! As u die boeke van Frederic Price, Kenneth Copeland, Hagin en Benny Hinn lees sal u sien dat dit die evangelie is wat hulle verkondig! Hulle geloof en leerstellings is dat Christus op die kruis gesterf het maar dat Hy nie op die kruis die oorwinning oor die sonde en die dood behaal het nie, hulle leer dat Christus in die Hel 'n Sataniese wese geword het met dieselfde natuur as Satan. [ Hulle kap die Liggaam aan stukke.] Hulle evangelie leer dat dit nie nodig is dat iemand moet swaar kry nie, want, sê hulle, God wil hê dat jy ryk moet wees! Weet u wat? Ons lewe in 'n Westerse demokrasie, en ons is ryk, ons is baie meer beter af as twee derdes, ongeveer 75% van die wêreld se populasie. Die Liggaam word aan stukke gekap deur 'n evangelie van Mammon, en hulle sê dit is die Evangelie van Koning Jesus! Maar dit is dit absoluut nie!! Hulle noem dit die "Voorspoed Teologie" (Geloof in geloof) Paulus waarsku vir ons in Timotheus dat diegene wat wil ryk word hulle geloof gaan verloor, maar hierdie dwaalleraars vertel iets anders!. Hebreers 11 praat meer oor geloof as die res van die Nuwe Testament, hierdie Hoofstuk leer vir ons wat geloof is, en daar word nie op een plek eers van geld gepraat nie. Die enigste plek waar iets genoem word van wêreldse welvaart is waar mense wat dit kon gehad het dit verwerp het ten gunste van die Koninkryk van Jesus. Die Liggaam word aan stukke gekap! Dit gaan baie, baie moeilik en pynlik wees as jy die Swaard teen jou broer moet opneem. Dawid en Saul het albei dieselfde vyand gehad, naamlik die Kanaäniete en die Filistyne wat die land probeer inneem het. Maar omrede die leierskap van Israel so afvallig geraak het, het die vyand die oorhand begin kry en Dawid kon daar niks aan doen nie want hy moes wag todat die leierskap vervang was. Dawid self kon dit nie doen nie omdat Saul God se gesaldfde was. Dawid was hier vasgevang in 'n situasie waar bose dinge aan die orde van die dag was en God se mense was aan die verloor kant. Die enigste manier waarop dinge kon verbeter was as daar 'n leierskap verandering kon plaasvind, maar hy kon dit nie self doen nie want Saul was God se gesalfde. Dit is presies dieselfe toestand wat ons vandag het en daar gaan 'n baie lang oorlog wees tussen die Huis van Dawid en die huis van Saul, maar die Huis van Dawid gaan sterker en sterker word en die huis van Saul swakker en swakker, en al vraag wat vandag vir u gevra kan word is: In wie se Huis is u? Hier gaan dit nie oor 'n plek waar jou ore gestreel word deur westerse strooi en denkes wat niks ander is as 'n voorspoed geloof evangelie is nie, waar mense probeer om die Bybelse Waarhede te herdefinieer in die lig van Westerse denkes, want dit is wat hierdie evangelie in die meeste gevalle is. Dit gaan ook nie oor die mense wat deel aan hierdie misleidings het nie, want hierdie mense wil graag hierdie leuens glo. Die Woord van die Here sê dat God self die gees van dwaling aan hulle sal stuur, hulle wie nie die Waarheid lief het nie, sodat hulle die leuens sal glo. Nee, daar is iets baie meer onaangenamer en pynliker as hierdie dinge; Daar is:‐‐Jónatan, en die seuns van Saul. Ons ken almal die verhaal van koning Dawid en hoedat Saul hom gehaat het en geprobeer het om hom dood te maak, maar dan is daar Jónatan. Jónatan het Dawid liefgehad en Jónatan het geweet dat Saul afvallig geraak het van God, en dat hy God se seëninge verloor het, en hy het geweet dat die huis van Saul onder die oordele van God gekom het, en hy het geweet dat Dawid reg was, en dat Dawid onskuldig vervolg was, en ook het hy geweet dat Dawid God se uitverkorene was. Dit het Jónatan alles geweet maar hy het 'n groot probleem gehad, hy was te vas geanker aan die Huis van Saul en hy kon nie weg breek nie. Onthou Dawid is altyd 'n vername voorbeeld, 'n verteenwoordiger van Koning Jesus, en let op wat Koning Jesus sê: Hy wat sy ouers broers of susters meer liefhet as vir My is My nie waardig nie". Dit is die beeld, of tipologie wat hier uitgebeeld word, en die simboliek hier is dit: In wie se Huis wil jy wees; In die Huis van Dawid, of in die Huis van Saul? Dit beteken nie noodwendig dat jy self by valse leerstelling betrokke is nie, dit beteken egter dat jou betrokkenheid by misleidende instellings, denominasies of kerke gaan veroorsaak dat jy afvallig gaan raak van die Waarheid. Met ander woorde, vra vir jouself die vraag: Is jou betrokkenheid by hierdie instansies van so 'n aard dat dit vir jou van meer belang geword het as die Waarheid volgens die Woord van die Here? Kom ons kyk na 1 Sam.10:1: "En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die HERE jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?" Onthou, verskillende vloeistowwe verteenwoordig die Heilige Gees in verskillende omstandighede. Nuwe Wyn is die blydskap in die Heilige Gees. In Jesaja 24: Mayim CHayyim, is Lewende Water, soos die uitgestorte Heilige Gees. (Joh.7:38‐39) Hy sal vir ons Lewende Water, die Heilige Gees, gee. Hier is dit 'Shemen', in Hebreeus is dit olie, (Salwing) Die Heilige Gees was werklik en opreg uitgegiet oor die Huis van Saul, maar as iets eindig in die vlees, en dit maak nie saak of dit in die Gees begin het nie, of as dit van die begin af vleeslik was nie, as iets nou verkeerd is, en dit maak nie saak of dit reg of verkeerd begin het nie, soos die lag beweging, dit maak nie saak of dit 'n opregte beweging van God was nie, wat nou nie meer so is nie! Dit maak nie saak hoe dit begin het nie. Ek twyfel nie vir een oomblik dat daar 30 jaar gelede 'n werklike uitstorting van die Heilige Gees plaas gevind het nie, maar ek is daarvan oortuig dat dit lankal terug in die vlees geëindig het, en elke Charismatiese en Pinkster beweging in die geskiedenis van die Kerk het dieselfde geëindig, die duiwel het elke herlewing op dieselfde manier gekelder. Bewegings soos die vroeë Pinkster, die Anababtiste, ondervindings Teologie en baie meer, het reg begin, maar dit het geeindig in die vlees. Dit is altyd die Gees van Waarheid, en altyd word gehoor: Gee vir ons die Gees, ons wil nie die Waarheid hê nie. Die Woord van die Here vertel vir ons wat vlees is en wat Gees is. Die Charismatiese beweging het in die 1900 begin, Azuza Straat het begin met 'n eerlike en opregte beweging deur God se Hand, in die Gees. Ek bevraagteken nie hierdie bewegings nie, maar wat van die Huis van Saul? 1 Sam.28:18‐19: "Omdat jy nie na die Stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.‐‐ [Die oordeel van die HERE het gekom omrede ongehoorsaamheid] ‐‐En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee". Wat het Saul gedoen? Wat Saul gedoen het, het veroorsaak dat hy sy salwing en sy roeping verloor het. Hy het 'n salwing en 'n roeping gehad maar Samuel kom en vertel vir hom dat God hom as koning verwerp het. 1 Sam.5:1‐3 / 9‐11: 1: "Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE. So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte. Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigeling, bees en kleinvee, kameel en esel". [Maar Saul het dit nie gedoen nie.] "Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas‐bestes en die lammers en alles wat van waarde was‐‐dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref. En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep". Amalek, wat ook geken was as Agag, was 'n ou vyand en hy kan terug gespoor word tot by Moses in die Eksodus, en hy kom weer eeue later na vore in die Boek Ester, in die persoon van Haman, wat 'n afstammeling was van Agag, wat ons terug neem na die Babiloniese ballingskap tydperk. Die vyand bly dieselfde, hy verander nie. Die opdrag aan Moses en Saul en Josua was dieselfde: Hierdie is julle ewige en oudste vyand, raak ontslae van hom. Wie is vandag óns oudste vyand? Eerstens word vir ons in die Nuwe Testament vertel dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, want ons as Christene moet ons vyande liefhê. Daar is 'n groot verskil om vir mense lief te wees wat in valse godsdienste gevang is, en die liefde vir valse godsdienste. Ons moet die valsheid en sonde haat omdat deur dit miljoene en miljoene pragtige mense Hel toe gestuur word. Baie mense in die Katolieke kerk verwerp die maagdelike rein bevrugting van Maria, maar ongeveer 70% van die Katolieke kerk se instelling en tradisies is van heidense oorsprong. Dit is wat onderandere Kardinaal John Henry Neuman in sy verhandeling en ontwikkeling van die Christelike geloof, twee honderd jaar terug geskrywe het. Daar is net een rede waarom iemand die Roomse Kerk sal verlaat om 'n Evangelis te word, en dit is omdat die mense die Woord van God begin lees het en te veel vrae begin vra het wat enige priester nooit kon droom om te antwoord nie. Dit is wat Kardinal Manning gesê het. Saul sê hy het gedeeltes van die buit gehou wat aanvaarbaar is, en Saul het probeer om vrede te maak met sy eeue oue vyand. Maar dit is nog altyd so dat wanneer jy probeer om vrede te maak met jou vyand dat kom hy terug en verwoes jou, net soos wat in die Boek Ester gebeur het. So kan ons deur al die eeue terug kyk na die geskiedenis en sien hoedat meer en meer mense begin het om die Bybel te lees, wat ook priesters insluit, en wat tot redding gekom het, en ook hoedat baie meer van hierdie bekeerlinge deur Pouslike Rome vermoor is as deur die Heidense Rome. Dit was deur John Bunyan die 'Twee Kop Reus' genoem, die een 'n Pous en die ander een 'n Heiden. (Pope and Pagan) U sal miskien sê, ja maar dit was 500 of 1600 jaar gelede, en dit sal nie weer in die 20ste eeu gebeur nie! Maar hier is 'n paar uitreksels wat sekere mense gesê het. Pous Puis XII het Hitler die 'Gesant van God' genoem. Die Assistent Heerser van Duitsland, van die 'Derde Ryk', Hans Von Pappon, 'n private kamerheer, (Iemand wat 'n agbare verteenwoordiger is van die Pous) het aan Pous Pius die 12de gesê: Die Derde Ryk was die eerste gesag struktuur in die wêreld, nie net om erken te word nie, maar ook omdat dit tot die uitvoering gekom het van die oogmerke van die Rooms Katolieke doelstellings. Stephenac het ook gesê dat Hitler God se Gesant was! ('n Antichris) En op die 25ste Junie 1959 het Pous Johannes die 23ste sy beste wense aan Kardinaal Stephenac oorgedra, die Pous het hom 'n Kardinaal gemaak. Baie van Hitler se onderdane was geleerde Jesuite en Katolieke gewees. Michael Schmouce, die Aards Biskop van Munich, wat Pous Johannes die 23ste ook Kardinaal gemaak het, na sy verdrag van 'Empire and State', het aan die mense vertel dat dit hulle plig was om Hitler te ondersteun. Hulle het vertel dat die Derde Ryk'n Roomse Katolieke beweging was. Hitler, Himler en Gorbles was almal Katolieke. Kardinaal Inetszer het gesê dat Hitler hom ontvang het en dat hy sekere 'instruksies ontvang het vir die Katolieke Priesters'. Hierdie Kardinaal het ook gesê dat die priesters en hulle gevolg die Duitse staat en Hitler blindelings sal volg. Hier sien ons dat die Roomse Katolieke Kerk sy volle gewig agter Hitler ingegooi het. Toe die Nazi's Slovakia ingeneem het, het Hitler daar 'n diktator aangestel met die naam van Aards Biskop Kheiso, en saam met Hitler was hy die eerste een wat ongeveer 100,000 Joodse kinders na die Auswitz oonde gestuur het. Hy is na die oorlog gehang vir hierdie dade nadat hy daarop aangedring het om in sy Katolieke gewaad geklee te wees. Daar is vir hom gevra of hy geweet het dat hy kinders vermoor het, waarop hy geantwoord het: Nee, dit was nie kinders nie, dit was Jode! Saul het gedink dat Agag nie meer sou doen wat hy in die tyd van Moses gedoen het nie, en so het Ester ook gedink dat Haman ook nie sou gedoen wat hy gedoen het nie, maar Agag bly Agag en Rome bly Rome. Die Kerk het diegene veroordeel wat gesê het dat die Kerk nie geweld mag gebruik nie. Maar die Kerk begeer 'n koninkryk en nie demokrasie nie. Daar is fotos van Nonne wat saam met die Gestapo gemarsjeer het om die Joodse kinders gevangene te neem en om hulle te vermoor, en so kan ons vandag nog sien dat die konstitusionele beginsels van Rome nog altyd dieselfde is, Rome het nog nooit verander nie, Agag het nog nooit verander nie. Dit was die tweede fout wat die Charismatiese bewegings gemaak het. Hulle eerste fout was hulle 'Ondervindings Teologie'en hulle tweede fout was om nié die vyand van God uit te drywe nie. Toe die Charismatiese herlewing in die Roomse Katolieke kerk plaasgevind het was dit die Heilige Gees wat God se mense uit hierdie valse godsdiens uitgeroep het. Sag.2:6‐7: "Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE. Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!" Openb.18:4‐5: "En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou". Hier word nie gesê dat hierdie mense nie God se mense is nie, maar om Gods se mense te wees en in 'n kerk te wees wat leer dat jy in die Vage vuur gaan boete doen vir jou sondes terwyl die Woord van die Here sê die Bloed van Koning Jesus reinig ons van alle sonde. Om vir die dode te bid is 'n gruwel, dit is afgode diens! In Hebreeus is die betekenis van om 'n knie te buig en om te kniel dieselfde, afgodery is sonde, en om vir die dode te bid is towery, dit is 'n gruwel vir die Here. Om standbeelde te soen en voor hulle te buig en Maria aanbidding is sonde! Dit is niks anders as moord op ware Christene nie! Babilon kan nie tot bekering kom nie, maar die Roomse Katolieke kerk is nie die enigste valse godsdiens nie! Saul se tweede fout was dat hy het nie na die Woord van God gegaan het nie, want die Tora het die antwoord gehad van hoedat hy van Amalek ontslae kon raak, maar wat doen hy? Hy skep sy eie leerstellings, hy skrywe sy eie Bybel en bepaal sy eie handelinge. Dertig jaar gelede het die Charistmatiese herlewing in Amerika en in ander plekke in die wêreld ontstaan, dit was veronderstel om 'n groot herlewing en morele en geestelike oplewing te veroorsaak, dit moes versoening bring tussen die Roomse Katolieke en die Protestante in plekke soos Britanje, en dit moes die wêreld terug wen vir Christus, dit was veronderstel om ons weer op die regte paaie, die ou paaie te plaas, maar kyk maar om jou rond, is daar vandag minder moord en roof? Is daar minder egskeidings, Homoseksualisme en minder verwoesting van die wêreld?? Nee, daar is baie, baie meer gruwels! Wat het verbeter? Niks het verbeter nie, en beslis nie die kerk nie! Vandag is daar afgode dienaars op die preekstoelle: Dit is duiwel aanbidding! Homoseksuele word in kerke tot huweliks maats verbind! Groot skaalse 'Staats beheerde' aborsies is aan die orde van die dag. Nee, nee, die 'kerk' is vandag, baie, baie meer slegter daaraan toe as voor die herlewing, want die Huis van Saul is nog altyd gebou op self verering en self veryking. Die Huis van Dawid en die Huis van Saul. 1 Sam.5:8‐9: "En Agag, die koning van Amalek, het hy lewendig gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref. Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas‐bestes en die lammers en alles wat van waarde was‐‐dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref. V.10 "En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: (V.11) Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep. (V.12) Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom 'n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal. [Saul bou altyd vir homself gedenktekens, standbeelde] (V.13) Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer. (V.14) Daarop vra Samuel: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor? (V.15) En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref. [Mense reken dat daar goeie dinge in die Roomse kerk is wat vir ons van betekenis kan wees, (Daar is net 'n paar grate in die vis) maar as jy weet dat meer as die helfte van 'n appel vrot is, gaan jy daarvan eet?] (V.16) Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek. (V.17) En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die HERE het jou as koning oor Israel gesalf. [Die mens kyk altyd uit vir 'n vleeslike leier in plaas daarvan op te kyk na God‐‐Gee vir ons 'n koning, gee vir ons 'n leier! Wanneer mense 'n leier soek is daar sekerlik iets verkeerd met hulle verhouding met Koning Jesus, maar hulle wil dit nie weet of verstaan nie, en hulle sal 'n leier volg net soos wat hulle verhouding met die Here is, en niks verder nie, want as die leiers se verhouding met die Here Onse God net lippe taal is, dan sal hulle volgelinge in dieselfde verwardheid hulle volgelinge wees. Paulus het gesê dat mense hom net kan volg soos wat hy Koning Jesus volg, met ander woorde, ons kan net met iemand saamstem tot en met waar dit ooreenstem met die Woord van die Here, en niks verder nie. Soos wat die geloof van die leier in die Here is, so sal die geloof van sy volgelinge wees, jy word soos dit wat jy lief het. Ons het 'n Koning, Koning Jesus, en moet nie eens probeer om van mense vir jou 'n koning te maak nie!] (V.18) En die HERE het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is. (V.19) Waarom het jy dan nie na die Stem van die HERE geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE? [Ons toon al ons skatte aan die koning van Babilon, en wanneer ons dit doen dan is dit net 'n kwessie van tyd, want die koning van Babel gaan kom om dit van jou af te neem (Hy gaan van jou 'n dissipel vir hom maak) Dit het in die Bybel gebeur en dit gebeur vandag weer] (V 20)‐ Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van die HERE geluister en gegaan op die pad waar die HERE my op gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref". Hierdie mense sal altyd hulle handelinge verdedig. Die gebod van hoe om met Agag te deel was alreeds in die Tora opgeteken, hulle dring daarop aan dat hulle die Skrifte gevolg het en dat hulle gehoorsaam is aan die Here, maar die Woord van die Here sê iets anders, maar dan sê hulle: Moet nie met my praat oor Skrifte nie, want dit bring net verdeling. Die Nuwe Testament praat twee keer meer oor die regte Leerstellings as oor die regte gedrag‐‐hoekom? Want as ons nie die Waarheid volgens die Woord van die Here volg nie, dat sal ons gedrag ook nie na wense wees nie. Koning Jesus sê dat die Skrifte verdeling sal bring, en dit is presies die doel van die Skrifte. Die leiers probeer altyd die blaam op hulle volgelinge plaas, hulle sê hulle kan die mense nie beheer nie. Maar mense in beheer van 'n saak is verantwoordelik om die gesagstrukture te beheer!. Hulle is veronderstel om God se Gesag verhouding te handhaaf!.‐(V.21) Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer. (V.22) Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die Stem van die HERE?‐‐‐[Hulle bring altyd dankoffers, maar hulle wil nie gehoorsaam wees aan die Bybelse riglyne nie]‐‐Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. (V.23) Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. (V.24) Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die HERE en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister. (V.25) Vergeef dan nou tog my sonde en kom met my saam terug, dat ek die HERE kan aanbid. (V.26) Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die HERE verwerp het, en nou het die HERE jou verwerp om koning oor Israel te wees". Wanneer mense openlik die Woord van die Here verwerp, dan kan jy, en mag jy nie meer verder met hulle die pad loop nie, want dan bestaan daar geen gronde meer vir gemeenskap met hulle nie. Twee mense kan nie dieselfde pad loop as hulle nie saamstem nie, let op; Hier word gepraat van die fondasie, naamlik redding en die Gesag van die Skrifte. Die Bybel sê dat as iemand in die Naam van die Here profeteer en dit gebeur nie, gee pad van hom of hulle af, want hierdie mense is valse profete! Die Waarheid van die Skrifte is aan mense in Toronto/Brownsville uitgewys, maar hulle antwoorde was dat hulle weet wat die Waarheid is, maar hulle glo dit wat hullle doen is reg!. Hulle ken en is bewus van die waarheid maar hulle volg hulle valse leiers blindelings?? Die Woord van die Here sê gee onmiddelik pad van hulle af, want hulle is in rebellie teenoor God, en rebellie is niks ander as heksery nie. Om te rebelleer is om openlik die Waarheid van God te verloën! John Winbur, Paul Cain, en Gerald Coates is wedergebore Christene wat dinge in die Naam van die Here geprofeteer het wat nie gebeur het nie, en dit is op TV netwerke en in koerante vertoon, en deur hierdie valse waarsêery het hulle van die Christendom 'n openlike en brutale bespotting gemaak. Gerald Coates wou geen verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie. Presies die teen oorgestelde het gebeur met dit wat Rick Joyner in sy boek, 'The Harvest' geskrywe het. Almal het groot dinge geprofeteer en dit het glad nie gebeur nie, maar mense volg hulle nog steeds soos slawe, dit is niks anders as om te rebelleer teen God se Gesag nie, en dit is sonde. Die Woord van die Here sê dit is towery en heksery. Die mense kan nie ontken dat die dinge wat hulle leiers geprofeteer het nie waar gekom het nie, en so kan hulle ook nie ontken dat die Woord van die Here hulle daarteen gewaarsku het nie, en ook dat hulle moet maak dat hulle wegkom van hierdie valse profete af. Nee, hulle wil ongehoorsaam wees aan die Woord van God, hulle wil rebelleer, hulle wil gemeenskap hê met hekse en towernaars, dit is moedswillige sonde. As mense die Woord van God, die Waarheid verwerp, dan bestaan daar dan geen basis, geen fondasie meer vir die Waarheid nie, en dan is daar ook geen basis om met hulle enige gemeenskap te hê nie. Die Bybelse onderig wat vandag in die Charismatiese gemeenskappe bestaan is so afgewater dat die meeste mense dit volg uit onkunde en hulle is nie in 'n moedswillige rebellie nie, maar met die leiers is dit 'n ander saak en hulle moet almal in belydenis geroep word, en hulle moet glad nie toegelaat word om in 'n profetiese bediening te staan nie. Die leiers, Pastore Predikante, Leraars, Doktors, Fariseers en Skrifgeleerdes, almal staan skuldig want hulle het die skape mislei. (V.28) ‐En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy." Die Heerlikheid van die God van Israel sal nie veroorsaak dat God leuens vertel of dat Hy van gedagte sal verander nie, en God het nog nooit van Gedagte verander nie, want Hy is nie 'n mens nie. Toe die Huis van Saul in afval begin kom het, het God begin om die Huis van Dawid te bou, en Dawid is van dat hy 'n klein seuntjie was al deur God geleer. Ons Hemelse Vader lei mense op vir buitegewone omstandighede in gewone omstandighede. Hoe het Dawid vir Goliat verslaan? Dawid was 'n skaapwagter seun wat geleer het om 'n slingervel te hanteer, en so het Dawid sy skape beskerm teen die wolwe en ongediertes. God sal aan die kuddes van die getroue herders byvoeg, (In Hebreeus word dieselfde woord vir Herder Predikant of pastoor gebruik) maar in vandag se dae het die skape 'n trappie geword vir die predikers om op die verhoë van die wêreld te kom, en vir sommige van hierdie wolwe beteken dit 'n groot inkomste. Die eerste les wat Dawid geleer het was om nie Saul se wapenrusting aan te trek nie, en dit is ook 'n les vir diegene wat in die Huis van Dawid wil woon, want Saul se wapenrusting gaan vir jou 'n groot hindernis wees, en as jy jou met dit beklee gaan Goliat oor jou loop, want dit is 'n lang oorlog. 1 Sam.28:1‐7: "En toe die Filistyne in dié dae hulle leër versamel vir oorlog om teen Israel te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne. Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag. En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder. Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilbóa. Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie‐‐nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my 'n vrou wat 'n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is 'n vrou, 'n dodebesweerster, in Endor".[Saul het nie meer by die HERE gehoor nie.] Die Charismatise en Pinkster leiers van vandag lewe ook net so in 'n groot vrees. Hoekom was John Wimbur, Paul Kain en Gerald Coates se profesieë vals? Hierdie mense het groot gepraat omdat hulle bang is, want hulle ken hulle eie geskiedenis, hulle weet dat hulle al vir bykans 30 jaar in hulle 'bedienings' staan, en hulle sien en hoor dat dit met hulle van sleg na slegter gaan. Dit is waarom hulle van een namaaksel na die ander namaaksel beweeg, (Soos die lag beweging) om mense in die donker te hou van wat werklik aan die gang is. Daar is dokumente om hierdie dinge te staaf. Hierdie mense het lank gelede al opgehou om by die Here te hoor. Benny Hinn gaan na 'n begrafplaas om by die dode boodskappe te kry, hy het gemeenskap met die dode! Hy ontvang sy salwing van die doodsbeendere van Aimee McPherson en Kathryn Cuhlman‐‐‐Wanneer predikers nie meer by God hoor nie, dan gaan hulle na die hekse van Endor! Dit was wat gebeur het, en dit is wat vandag weer gebeur. Maar die Huis van Dawid het al sterker en sterker geword, hoe gebeur dit?. Die Dawids is skaapwagter seuns: Hy wat getrou is in die minste sal ook getrou wees met die baie. Die Christene wat getrou en regverdig is in wat God alreeds vir hulle gegee het, soos om goeie vaders, goeie eggenote, goeie herders en kerkleiers te wees, en om mense te wees wat omgee vir diegene wat die Here alreeds vir hulle gegee het, dit is hierdie mense wat God gaan gebruik om Sy kuddes te bewaak, want ons Hemelse Vader lei mense op met die eenvoudige dinge om met die bonatuurlike dinge te kan werk. Die laaste ding wat Goliat kan verwag is 'n herder seun wat dodelik is met 'n slingervel, dit is die een ding wat hom in sy spore sal stuit. Die soort mense wat die Here gaan oprig is mense wat Islam, die New Age, Rome, Homoseksuele en die vrymesselaars nie gaan verwag nie. Dit is mense wat God al lankal besig is om op te lei, mense wat dodelik is met 'n slingervel. En dan begin God die huis van Dawid bou. Die een Huis sal sterker word terwyl die ander huis al swakker word. God het die roeping en die Salwing van die huis van Saul af weggeneem, maar God laat toe dat die huis van Saul op eie stoom aan beweeg totdat Hy die Huis van Dawid begin bou. Wanneer geestelike misleiding begin plaasvind dan kan jy seker wees van drie dinge. God gaan 'n Profetiese Stem teenoor hierdie misleiding laat opstaan, net soos met Samuel. Na hierdie Profetiese Stem sal nie geluister word nie, maar hulle sal dit sekerlik hoor. - Daar sal 'n getroue oorblyfsel wees wat na hierdie Stem sal luister en hulle sal daarop agslaan. - God sal 'n Nuwe Huis oprig. - Sam. 22:2: "Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was;‐‐" Dit word nie verwag dat die predikers van groot kerke, of die lidmate van welgestelde gemeentes, op groot skaal by die Huis van Dawid sal aansluit nie, Nee, baie min, net 'n oorblyfsel van hierdie mense sal aansluit by die Huis van Dawid, en van die wat nie sal aansluit nie sal die beste van hulle net soos Jónatan wees. Die mense wat by die Huis van Dawid gaan aansluit sal mense wees soos u, verloorders, uitvaagsels en wat niks is nie. Maar ons is nou niks nie, maar die vraag is: Wat was ons van tevore? Ons het niks wat nie die produk is van waarmee Koning Jesus ons gered het nie! - Sam.23:8: "Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb‐Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.‐‐ - V.9: En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het, het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het.‐‐ V.16: Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring;‐‐" Die Christene van vandag hardloop weg vir Islam, die New Age, Rome en vir enige ding, hulle het geen ruggraat nie, en hulle is bang om te veg. Maar God gaan klein seuntjies leer hoe om met 'n slingervel te gooi, Hy gaan magtige manne bymekaar maak. Wie was hierdie groot manne van Dawid? Wie was hierdie bevelvoerders? Hulle is die Bevelvoerders van die Leër van Israel, hulle is dieselfde manne waarvan ons in 1 Sam.22:2 lees, hulle is die mense wat verbitterd en nikswerd is nie. God neem die verloorders en maak van hulle oorwinnaars. God neem iemand wat niks is nie en maak hom 'n herder oor 5000 mense! Waar leer hierdie mense wat niks is, om generaals te word? Hulle sluit aan by die Huis van Dawid‐‐‐maar waar is die huis? 1 Sam. 23:15: "Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores". (Die Huis is in die woestyn, die wildernis) Daar is twee soorte beproewings in die Bybel: Die Vallei pad en die Woestyn pad. Die woestyn pad is 'n lang beproewing, soos wat die Jode vir 40 jaar deur die woestyn gewandel het. In die natuur is 'n woestyn 'n plek van die dood, en dit is waarom net die Nuwe geslag, (Die nuwe skepping) (Die wedergeborenes) in die Hemel, die Beloofde land, kan ingaan en nie die ou geslag, die ongereddes, nie. God gebruik die Woestyn om die ou vlees (Die ou geslag) dood te maak. Dit is 'n lang oorlog, en Dawid word stadig aan sterker en sterker en Saul (Die ou vlees) word al swakker en swakker. Maar Saul is nog steeds daar totdat die Huis van Dawid gereed is. Waar word die Huis van Dawid al sterker? Waar het die verloorders die groot manne van Israel geword?‐‐In die woestyn! Hulle voorbereiding en opvoeding is in die woestyn, en dit is hulle wat die Liggaam van Christus, die Kerk, die gemeente, weer gaan oprig en hulle is al reeds besig om hulle te vestig in die huis van Dawid. 1 Sam.26:23: "Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid‐‐die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie" Ons hoor baie: "Moet nie die gesalfde van die Here aanraak nie" Dawid het nie God se gesalfde, Saul aangeraak nie maar dit het nie vir Samuel of Dawid verhoed om die waarheid oor Saul te praat nie. Waar kry mense die idee dat hulle God se Gesalfdes is? Nie uit die Bybel nie! Dit is hulle eie uitvindsels! My Gesalfde in Hebreeus is:‐‐Ha Mashiach‐‐}} Die GESALFDE EEN { Daar is net EEN GESALFDE, en dit is Koning Jesus Christus. Hand. 2:36: "Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom (Jesus Christus) Here en Christus [‐‐HA MASHIACH‐‐] gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het". Ps.133: "'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Dit is soos die kosbare olie (Die uitgestorte Gees) op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere". Aäron is die simbool, 'n voorbeeld, van Christus, 'n Ou Testamentiese Skaduwee van Yeshua. Jesus Christus is Gesalf, want die Olie is op Sy Hoof uitgestort, en daarna vloei dit van Koning Jesus se Hoof oor Sy Liggaam. Die man is die hoof van die vrou, soos wat Christus die Hoof is van die Gemeente, die Kerk. Ons is die Liggaam van Christus. Om Gesalf te word moet ons deel word van die Liggaam van Christus, ons moet onder Koning Jesus se Hoofskap kom, want Hy is die Gesalfde en ons sal absoluut geen salwing ontvang as ons nie deel van Sy Liggaam is nie. Baie, baie mense is vandag nie deel van die Liggaam van Christus nie omdat hulle nie meer vir Christus as die Hoof van die Gemeente erken nie en ook omdat hulle wil wees soos Paulus. Voordat Christus Gesalf was om as Koning te Heers, was Hy eerstens gesalf vir die dode in die huis van Martha en Maria, en voordat iemand Gesalf word vir die Lewe, moet hulle gesalf word vir die dode. Paulus sê dat die teken van sy Salwing die merke van die Kruis aan sy liggaam is, Paulus is Gesalf en hy het elke dag vir die gemeente gesterf. Paulus het wonders en tekens gedoen en gemeentes opgerig. Hy het nie gesê dat die bewys van sy Salwing rykdom en groot gemeente getalle mense is wat gered word nie. Dit is waarom God Paulus met Krag Gesalf het. Dit het ook nie vir Samuel en Dawid verhoed om die waarheid oor Saul te praat nie, en so moet dit vir jou en my ook wees. 1.Sam.16:13‐14: "Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan. Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik". Die beste dinge wat u van vandag se hiper Charismatiese verskynsels sien, is niks anders as sielekrag nie. Sommige van hierdie dinge is demonies en sommige is boos. Genesings wat deur Maria plaasvind is nie van God nie. God sal nie Sy Heerlikheid aan iemand anders gee nie. Saul het onder 'n demoniese mag gekom, en vandag is dit weer so. Baie van hierdie valse lerings en bewegings is baie seker niks anders as demoniese misleidings nie, net soos wat hierdie dinge in die Woord van die Here alreeds gebeur het, gebeur dit vandag weer. Die Huis van Dawid is êrens daar buite, en hulle weet wie hulle is. Sam.18:14‐15: "En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom. Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword". Daar sal 'n tyd kom wanneer die Huis van Dawid uit die stof van die woestyn gaan opstaan, en dit is die tyd wanneer die huis van Saul baie afgunstig gaan word, en hy gaan die gemeente wat in die Huis van Dawid is haat en doodmaak, en dit sal die tyd wees wanneer u openlik met iets soos Sataniese en bose geeste te doen gaan kry. Onthou, die huis van Saul is net bekommerd oor een ding, en dit is Self beskerming en oorlewing. - Sam.5:19: "Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee". - Ja, daar kom 'n tyd wanneer die Charismate en die Pinkster groepe nie meer sal kan doen wat die Huis van Dawid kan doen nie. Hulle stem sal nêrens meer gehoor wil word nie en hulle gaan geen teenvoeter wees vir die New Age, Islam en ekumeniese bewegings nie, omdat hulle geen durf meer sal hê nie. Hulle gaan net bekommerd wees oor self oorlewing, oor hulle huise, hulle geld en hulle klein koninkrykies. Wanneer die Huis van Dawid opgerig is, dan sal daar mense wees wat gaan weet hoe om die 800 te laat val, hulle sal weet hoe om op te tree teenoor Islam, die Newe Age, Homoseksuele en Rome, en God sal aan hulle die oorwinning gee. 2 Sam. 5:1‐3: "Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, (Die plek van gemeenskap) en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons! Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit‐‐ en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor Israel. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf" Daar sal 'n tyd kom wanneer die getroue mense as vlugtelinge na die Huis van Dawid toe sal kom, hulle sal kom na die plek van gemeenskap, na Hebron, omdat die huis van Saul verwoes sal wees, maar dit sal wees met 'n ongelukkige uitsondering, en dit sal die moeilikste saak wees wat in die komende tyd gaan plaasvind, en dit is die besluite van die Jónatan's. Sam. 31:2: "En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. - Sam. 1:11: "Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was". Dit is die een uitsonderlike tragiese aspek van hierdie hele saak: Die Jónatan's! - Jónatan het geweet dat Dawid reg was, en hy het geweet dat Dawid deur God self aangestel was, hy het geweet dat Dawid eerlik en opreg was, en hy het ook geweet dat sy vader se huis verkeerd begin loop het, hy het geweet dat sy vader bedorwe was, ook het hy gesien hoedat die land ten gronde gaan asgevolg van die afvalligheid van sy vader se huis, maar Jónatan kon nie wegbreek van sy vader en sy huis nie. Net so is daar vandag mense in gemeentes wat weet wat aangaan, wat weet dat dinge verkeerd is maar hulle kan nie daar wegkom nie, mense wat vasgemaak is, en nie kan, of wil losbreek van die huis van Saul nie, dit is hulle wat gaan sterf op Gilbóa, dit is mense wat nie nodig het om te sterwe nie, en dit sal die moeilikste ding wees om te beleef. Dit sal welbekende mense wees, vriende famillie, mense vir wie jy lief is, dit sal mense wees wat moeg is vir die valshede wat aan hulle opgedis word maar hulle het net nie die moed en die durf om te luister na die Stem om pad te gee uit hierdie huis uit nie. In wie se Huis wil u wees, in die Huis van Dawid of in die huis van Saul? As u in die Huis van Dawid wil inkom dan moet u eerstens in die woestyn inkom, u moet Egipte verlaat, want dit is waar God die Huis van Dawid bou. Jy kan van een ding seker seker wees, die huis van Saul jou gaan haat, vervolg en verdruk, en jy sal moet kennis neem dat as jy iewers wil kom, dan kan jy dit nie in die wapenrusting van Saul doen nie, en ook sal jy moet kennis neem dat baie van hierdie mense nog steeds jou familie en vriende gaan wees. (Moet nie die gesalfdes van die Here aanraak nie) Jy kan die waarheid oor hulle werke en dade verkondig, maar net God alleen kan hulle verwyder. Ons sal die smart en pyn, net soos wat Dawid gely het oor Jónatan, ook net so moet verduur. Dit sal 'n smartlike lyding wees omdat baie van hierdie mense, mense gaan wees wat jy ken en liefhet, jou eie familie. Omdat hulle nie kon besluit om uit die huis van Saul pad te gee nie! Daar sal 'n tyd kom wanneer die huis van Saul inmekaar gaan stort, want hoe kan dinge aangaan soos wat dit aangaan? Dit is een leuen op die ander, een toneelspel na die ander! Dawid se Huis sal in Hebron opgerig wees, die plek van Gemeenskap, en sommiges sal hulle daarby aansluit, en wanneer daardie dag aanbreek, dan sal ons Hemelse Vader vir ons die oorwinning gee oor die Filistyne, Agag, die Amalakiete, Islam, New Age, Vrymesselaars en al die afgode. In die Huis van Dawid of in die huis van Saul, in albei is daar baie plek, maar die keuse is vir jouself, jy moet self kies. As u die Huis van Dawid verkies, dat moet u nou besluit, in hierdie uur is die tyd, doen dit nou en moet nie uitstel nie, maak gou want die tyd is absoluut een minnuut voor middernag, maak gou. Vlug na Koning Jesus want Hy is die Bouer van die Huis van Dawid. †††
[]
https://www.thebookbox.co.za/product/50-vrae-oor-hoe-om-my-planeet-te-red/
50 Vrae oor… Die Menslike Liggaam 17th August 2020 Jungu Josh #1: Die Goue Kalbas 17th August 202050 Vrae oor… Hoe om my Planeet te Red R80.00 Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor hoe om ons planeet te red. Kinders kan alles uitvind oor klimaatsverandering, bedreigde spesies en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die planeet en hoe om dit te red, geleer kan word. Wat nog, is dat daar ‘n bordspel binnein die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in plakkaatformaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspelantwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en ‘n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur ‘n QRkode te skandeer! Die QRkode word met jou slimfoon se kamera geskandeer. 13 in stock
[ [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2020/08/IMG_20200817_0005-80x80.jpg)" ], [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2020/08/IMG_20200817_0007-80x80.jpg)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/kaaskoek-met-bloubessie-bo-laag/
KAASKOEK MET BLOUBESSIE BO-LAAG Almal het so gepraat oor die bloubessies die afgelope paar dae dat besluit ek om ‘n kaaskoek met ‘n bloubessie sousie te maak. As jy nie van die bloubessie hou nie kan jy dit vervang met kersies, aarbeie, passionfruit, raspberries. My resep is Tyler Florence s’n wat ek al ‘n hele paar jaar maak en hy is heerlik. Kors: - 2 koppie fyn digestive krummels - ½ teelepel fyn pypkaneel (kan uitgelos word, ek doen ) - 120 g botter gesmelt - Vulsel: - 2 x 230 g bakkies roomkaas - 3 eiers - 1 koppie suiker - 2 koppie suurroom (smetana) - 1 suurlemoen se zest - 1 teelepel vanilla geursel - Bo-laag: - 2½ koppies bloubessies - zest en sap van een suurlemoen (ek proe hoeveel suurlemoen sap ek wil byvoeg, vir my werk so ½ suurlemoen) - 2 eetlepels suiker - Voorverhit die oond na 325°F (160º C ). Voer die base van ‘n 24 cm los boom pan met bakpapier uit. In ‘n aparte bak, meng die bestanddele van die kors saam. Moenie al die botter op een slag byvoeg nie. Voeg net genoeg by sodat dit mooi klam is. Plaas in die pan en druk vas op die basis en so 2cm teen die kant op. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak. In die bak van ‘n elektriese menger, klop die roomkaas op ‘n lae spoed vir 1 minuut tot glad en vry van enige klontjies. Voeg die eiers 1 op ‘n slag by, en klits tot goed gemeng na elke byvoeging. Voeg die suiker geleidelik by en klits tot romerig, so 1 tot 2 min. Voeg die suurroom, lemon zest en vanilla by. Onthou om die kant van die bak elke nou en dan af te skraap. Plaas die koekpan op ‘n groot stuk foil en vou die kante van die foil op om teen die kante van die koekpan op te kom. (ek gebruik 2 stukke) Plaas die pan nou in ‘n groot genoeg oondpan, want daar gaan water ingegooi word. Giet die vulsel van die roomkaas oor die kors. Giet kookwater in die oondpan totdat die water omtrent halfpad teen die kante van die kaaskoek pan opkom; die foelie sal voorkom dat die water insypel en die kors bederf en dan bak dit ook baie egalig. Bak die kaaskoek vir ongeveer 45 min. Dit stol nie styf nie en daar sal nog ‘n “jiggle” wees. Eers as dit koud is sal dit styf gestol lyk. (ek het myne al 2 x 5 min langer ingehad as dit vir my nog te los gelyk het) Verwyder van die oond en laat afkoel in die bak water. Sodra dit koud is plaas in die yskas totdat benodig. (ek maak myne die vorige dag ) Voeg die al die bestanddele vir die bo-laag in ‘n klein potjie en prut oor medium hitte vir 5 minute of totdat die vrugte effens begin af breek. Laat eers goed afkoel voordat dit oor kaaskoek geskep word. Foto en resep: Wilanda Räsänen
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/last-night-all-my-dreams-came-true
Gisteraand het al my drome waar geword Wild Beasts neem afskeid van aanhangers deur hul katalogus weer te besoek in 'n versameling lewendige studio-opnames. Dit is nie heeltemal bevredigend nie, maar dit is 'n getroue momentopname van 'n band wat altyd aan die gang is. Van die begin af was Wild Beasts se musiek 'n verhaal van twee stemme. Aan die voorpunt was Hayden Thorpe, met 'n falsetto wat klink soos 'n punchline wat swaai tussen lae, geile gegrom en operatrillings. In 2009, toe hy 'n toneel ewe elegant en lelik beskryf in 'n lied genaamd Hooting and Howling, was dit maklik om dit te hoor as 'n knipoog-selfdiagnose. Thorpe se foelie was Tom Fleming, die tweede sanger van die groep, wie se ernstige, fladderende bariton gevoel het soos 'n comedown uit Thorpe se hoë drama. As 'n animasiefilm uit die liedjies van Wild Beasts gemaak word, kan dit 'n ondeunde hiëna en 'n beerwelpie insluit om uit die verdorwe, Dickensiaanse Brittanje te ontsnap. Namate die groep ontwikkel het, het hulle meer truuks geleer. Hul ritme-afdeling, wat oorspronklik bestaan uit Fleming en die tromspeler Chris Talbot, het een van die sterkstes in indierock geword. Liedjies soos Wanderlust en All the King's Men stut en galop, word sexy en dreigend, vind vreemde groewe en sit nooit stil nie. En sodra hulle hul teaterkind-manewales ontgroei het, het Wild Beasts hul klank verfyn met 'n sintetiese, gesofistikeerde grasie wat vir hulle 'n tweede natuur was. Geen groep het verander van Franz Ferdinand-vergelykings met nie Gees van Eden so naatloos. Hul laaste album, 2016's Boy King , was veronderstel om 'n triomf te wees wat die jeugdige libido van hul eerste plate en die omringende pop van hulle laasgenoemde saamvoeg, maar dit het plat geval. Vir die eerste keer het hul idees interessanter gevoel as hul musiek. Gisteraand het al my drome waar geword is 'n live-in-the-studio-versameling wat ontwerp is om hul laaste verklaring te wees nadat hulle verlede jaar hul opbreek aangekondig het. Teleurstellend skuif die snitlys swaar na Boy King en bied 'n onvleiende opname van hul werk. As u daarna luister, kan u Wild Beasts vergis met 'n ordentlike groep met 'n paar buitengewone liedjies, in teenstelling met 'n buitengewone groep met een sub-par album. Dit is nie ongewoon dat kunstenaars hul kleiner werk weer besoek nie, en dit is 'n goeie instink om die ateljee vir 'n semi-live konteks te verruil. Maar die probleem met Boy King was nie die gladde produksie van John Congleton nie (op sy beste het dit geklink asof Oneohtrix Point Never score Vyftig skakerings van grys ). Die probleem was die liedjies, en sonder 'n gehoor om dit te ontvang, beklemtoon hierdie weergawes slegs hul foute. 2BU voel steeds onderskryf, met Fleming wat toksiese manlikheid aanspreek deur middel van cliche (ek is die tipe man wat wil kyk hoe die wêreld brand) en goedkoop cop-outs (jy weet dat ek die slegste is!). Die hoofsingel van die album, Get My Bang, gesing deur Thorpe, lyk ongelukkig nog steeds soos die Lonely Island met Wild Beasts. Die liedjies wat die beste vaar, is die liedjies wat hulle al jare lank op die proef stel. Spore van Twee dansers - die 2009-album wat as spilpunt gedien het - bly briljant romanties en grotesk, wat daarop dui dat die verwaandheid van Boy King was iets wat hulle alreeds bereik het. Hul meesterstuk, 2011's Versmoor , is ongelukkig onderverteenwoordig (End Come Too Soon sou gepas gewees het), soos ook die van 2014 Teenwoordige tyd . Dié album bied 'n paar verrassende hoogtepunte, soos wanneer Thorpe 'n paar lirieke van Palace in The Devil's Crayon, een van Fleming se eerste wonderlike liedjies, van hul debuut afweef. Albei Teenwoordige tyd en dit word geopen met Wanderlust, die skitterende gevegslied wat die legioene van Britse dade uitroep wat rondom Wild Beasts na vore gekom het en vinnig hul identiteit verloor het. In hierdie uitvoering is daar 'n rolomkeer in die groep, aangesien Thorpe sy lirieke in 'n fyn sug asemhaal en Fleming die harmonie met 'n plofbare intensiteit aanval. Beide daardie lied en The Devil's Palace stel 'n versameling voor wat kan verander hoe Wild Beasts funksioneer, 'n belofte waaraan die res van die reeks terugtrek. Hoewel dit miskien nie 'n bevredigende afskeid is nie, Gisteraand het al my drome waar geword is - soos al die Wild Beasts se albums - 'n kunsmatige weergawe van 'n band wat altyd aan die gang is. Terug huistoe
[]
https://www.up.ac.za/faculty-of-education/yearbooks/2017/EDU-faculty/HO-programmes/view/09240051/lg/af
Toelatingsvereistes Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan 'n kandidaat toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies: 'n Baccalaureusgraad en ? onderwysdiploma/Nagraadse Sertifikaat in Onderwys (bv. BA + HOD); of - 'n Vierjarige onderwysgerigte graad (bv. BAEd); of - 'n M+4 onderwysdiploma; of - 'n M+3 onderwysdiploma en ? Verdere Diploma in Onderwys (VDO) of Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO); of - 'n Ander toepaslike akademiese kwalifikasie wat volgens die oordeel van die Dekaan toelating tot ? bepaalde pakket regverdig. In hierdie geval sal die kwalifikasie nie vir onderwysdoeleindes erken word nie. - Addisionele vereistes Die keuring is gebaseer op: voldoening aan die minimum toelatingsvereistes; - vorige akademiese prestasies; - toepaslike akademiese en/of onderwyservaring; - beskikbaarheid van leiding vir die voorgeskrewe navorsingsprojek; - bewese akademiese potensiaal, wat akademiese kommunikasie en rekenaarvaardighede insluit; - 'n onderhoud kan ook addisioneel vereis word; - die registrasie by professionele rade; - finale diskresie lê by die departementshoof. - Eksamens en slaagvereistes Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie. 'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen. Navorsing 'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering. Slaag met lof Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module. Get Social With Us Download the UP Mobile App
[]
https://www.rsgplus.org/herwinde-polistireen-word-vensterrame/
Ja, polistireen kan herwin word. Daar word vloer- en plafonlyste en selfs vensterrame daarvan gegiet en dis sterk! Danie Barnard, verbonde aan Supreme Mouldings in Oos-Londen, vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe polistireen herwin en omvorm word. Die stappe waarin polistireen verwerk word Stap 1. Dit word versamel by kollekteerpunte in Kaapstad, Johannesburg en Oos-Londen. Polistireen bestaan 96% uit lug en 4% uit materiaal en moet dus eers saamgepers om dit met 80% te verklein voordat dit vervoer kan word. By dié fabrieke word die polistireen dus met spesiale masjinerie in klein stukke opgebreek en in blokke gepers om na die herwinningsfabriek in Oos-Londen vervoer word. Vóór die verwerking Die gebruikte polistireen produkte is gekollekteer en gaan verwerk word. Beide industriële en huishoudelike polistireen word ingesamel vir herwinning. Huishoudelike polistireen moet eers skoon gewas word voordat dit gegee word vir herwinning. Tydens verwerking Stap 2: Die herwinning vind plaas by die fabriek in Oos-Londen. By dié fabriek word die polistireenblokke opgekap tot stukkies so groot soos ryskorrels en dan verwerk tot produkte. Tans word 90% van Supreme Mouldings se produkte vervaardig uit herwinde polistireen. Ná verwerking Kontaknommers Email : info@suprememouldings.co.za Kontak Danie Barnard by +27 11 086 8888 vir meer inligting. Johannesburg Tel : +27 11 086 8888 1008 Katrollaan, Robertville, Florida, 1008 Kaapstad Tel : +27 21 007 2883 Unit B11 Maitland Park, 733 Voortrekker Road, Maitland (Tussen 12e en 14e laan). Durban Tel : +27 31 563 6934 Blok A
[ [ "[]", "http://rsgplus.org/(https://www.rsgplus.org/wp-content/uploads/2018/08/kollekteer-en-gaan-verwerk-word_edited.jpg)" ] ]
https://nfscaregivers.co.za/index.php/diensaksies/kanker/pankreaskanker
PANKREASKANKER Wat is dit? Die pankreas is 'n orgaan wat in die linkerkant van jou maag sit. Die pankreas het twee hooffunksies. Dit maak verteringsensieme (proteïene wat voedsel afbreek) en hormone wat bloedsuiker, soos insulien, reguleer. Pankreaskanker vind plaas wanneer abnormale selle onbeheerd raak in die pankreas. Die meeste pankreaskanker kom voor in die deel van die pankreas wat spysverteringskanale affekteer. ‘n Klein aantal pankreaskanker kom voor in 'n deel van die pankreas wat help om bloedsuiker te reguleer. Dit is baie belangrik dat U dokter uitvind watter soort pankreaskanker u het omdat die twee tipes verskillende behandelings het. Hierdie artikel sal fokus op die eerste tipe, wat adenokarsinoom genoem word. Die probleem met pankreaskanker is dat dit ewoonlik versprei voordat enige simptome voorkom. Medici weet nie wat veroorsaak pankreaskankernie, maar dit is ‘n feit dat dit meer algemeen voorkom veral onder rokers, mans, mense met diabetes en Afro-Amerikaners. Mense wat operasies gehad het vir maagsere of wat chroniese inflammasie van die pankreas gehad het, is ook meer geneig om hierdie kanker te ontwikkel. En hierdie tipe kanker kan in families voorkom. Simptome Simptome van pankreaskanker mag nie dalk dadelik opgetel word nie. Die mees algemene tekens van pankreaskanker is: Pyn oor lewer area (waar pankreas geleë is) Gewigsverlies Vergeling van die vel en oë (geelsug) Jeuk Bruin urine Baie ligte dermbewegings Naarheid en braking Verlies van eetlus Rugpyn agter die lewer-area in die rug Ander waarskuwingstekens van probleme in die pankreas sluit in skielike diabetes of probleme in die beheer van bloedsuiker. Diagnose As u dokter bevind u kan moontlik pankreaskanker hê, kan die volgende toetse voorgestel word: Bloedtoetse - Eenvoudige toetse kan help om ander moontlike oorsake van u simptome te vas te stel. Sommige bloedtoetse kan dui op pankreaskanker, maar dit kan nie spesifiek bevestig word nie. Ultraklank - In hierdie toets skep klankgolwe 'n prentjie van interne organe. Hierdie toets is ook baie nuttig om ander oorsake van u simptome uit te sluit (byvoorbeeld galblaas siekte of siste in die pankreas). Endoskopiese Ultraklank. Vir hierdie toets word 'n buis deur jou spysverteringskanaal gepasseer sodat die klankgolwe nader aan die pankreas kan kom. 'n Spesiale instrument kan gebruik om klein monsters van die pankreas te neem vir verdere toetsing (biopsie). CT-scan of CT-skandering is gewoonlik 'n goeie manier om 'n prentjie te kry van wat in die buik aangaan en kan help om pankreaskanker op te spoor. Magnetiese resonansie beelding (MRI) scan - Hierdie toets gebruik magnetiese velde en radiogolwe om beelde van organe in die liggaam te produseer. Jou dokter kan 'n spesiale tipe MRI bestel om nader aan die strukture rondom die pankreas te kyk. Positron emissie tomografie (PET) skandering - Dokters gebruik hierdie toets om vas te stel of pankreaskanker groei of versprei het. PET-skanderings gebruik 'n vorm van radioaktiewe suiker. Sekere soorte kankers, soos pankreaskanker, neem meer suiker op wat in die omliggende weefsels is en kan gesien word met spesiale kameras. Endoskopiese retrograde cholangiopankreatografie - Hierdie toets kyk na blokkasies in die pankreasbuise wat spysverteringskanale dra. Die dokter passeer ‘n buis deur jou mond in die dunderm. Spesiale kleurstof wat op x-strale sal verskyn word dan in die buis gespuit. As die x-straal 'n blokkasie of tumor toon, kan die dokter weefselmonsters toets vir kanker. Hierdie toets kan baie nuttig wees, maar is riskant. Slegs hoogs ervare dokters moet dit doen. Angiografie: Hierdie toets kyk na die bloedtoevoer na pankreasgewasse. Dit kan dokters help om te bepaal of dit moontlik is om die kanker met chirurgie te verwyder. CT-geleide biopsie - 'n CT-skandering word gebruik om die biopsie naald na die regte plek te lei vir die verkryging van monsters van verdagte weefsel. Selde kan 'n operasie nodig wees om die diagnose te maak. Laparoskopie. Soms wil dokters direk na die pankreas kyk. Hierdie operasie gebruik 'n klein kamera aan die einde van 'n buis. Die dokter kan die pankreas en die organe daar rondom sien sonder ‘n groot operasie. Monsters van die pankreas kan geneem word om te help bepaal hoe aggressief die kanker is. Verwagte Tydsduur Aangesien simptome nie vertoon word voordat die kanker versprei is nie, is hierdie siekte moeilik om te genees. Maar behandeling kan help om jou simptome te beheer en die lengte van oorlewing en lewensgehalte te verbeter. Verbetering hang af van baie dinge: hoe ver die kanker versprei het, jou ouderdom en algemene gesondheid, en hoe goed reageer jou liggaam op behandeling. Voorkoming Daar is geen bewese manier om pankreaskanker te voorkom nie. Jy kan jou risiko verminder om hierdie kanker te kry deur nie te rook nie. Sigaretrook is die belangrikste risikofaktor wat verband hou met pankreaskanker. As jy rook, hou dadelik op. As jy nie rook nie, moenie begin nie. Ook kan jy jou risiko verminder om pankreaskanker te ontwikkel deur: 'n Daaglikse dieet te volg ryk aan vrugte en groente Bly fisiek aktief en oefen daaglikse oefening Handhaaf 'n gesonde gewig Daar is geen metode van skandering vir pankreaskanker sodat dit vroeg vasgestel kan word en behandel kan word Behandeling As jou dokter bevestig dat jy pankreaskanker het, sal toetse gedoen word om te sien hoe aggressief die kanker is en hoeveel dit versprei het. Dit word 'staging' genoem. Jou behandeling hang af van die kanker se stadium. Behandeling kan insluit: die verwydering van al die dele van die pankreas (en enige kanker wat in die omgewing versprei het) Kanker dodende middels (chemoterapie) Straling om kankerselle dood te maak en beheer simptome In seldsame gevalle waar die kanker nie buite die pankreas versprei het nie, probeer dokters die kanker chirurgies verwyder. Hulle kan ook chemoterapie en of bestraling aanbeveel as deel van die behandeling. As die kanker oor die pankreas na nabygeleë organe of ander dele van die liggaam versprei het, is 'n volledige genesing onwaarskynlik. Daar is egter verskeie behandelings beskikbaar om simptome te verminder en oorlewing te verleng. U en u kanker spesialis kan oorweeg hoe om voort te gaan. In seldsame gevalle waar die kanker nie buite die pankreas versprei het nie, probeer dokters die kanker chirurgies verwyder. Hulle kan ook chemoterapie en of bestraling aanbeveel as deel van die behandeling. As die kanker oor die pankreas na nabygeleë organe of ander dele van die liggaam versprei het, is 'n volledige genesing onwaarskynlik. Daar is egter verskeie behandelings beskikbaar om simptome te verminder en oorlewing te verleng. U en u kanker spesialis kan oorweeg hoe om voort te gaan. Indien jy enige simptome van pankreaskanker ervaar, maak dadelik ‘n afspraak by jou dokter. Hy of sy mag voorstel dat u 'n spesialis sien om te help bepaal of u hierdie siekte het. Prognose Pankreaskanker is 'n ernstige siekte en die sterftesyfer is hoog. Ongeveer 19% van pasiënte met pankreaskanker leef ten minste 1 jaar na diagnose. Slegs 1% -2% oorleef 5 jaar na diagnose. Jou kanse op herstel hang af van jou ouderdom, hoe ver die kanker versprei het, algemene gesondheid en hoe jy op behandeling reageer. BRON: Amerikaanse Kankervereniging (National Cancer Institute – NCI)
[ [ "[]", "http://nfscaregivers.co.za/()" ], [ "[]", "http://nfscaregivers.co.za/()" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/ouma-hessie-se-gebakte-granadilla-nagereg/
OUMA HESSIE SE GEBAKTE GRANADILLA NAGEREG My Granadilla nagereg! Baie bekommerd gewees dat dit nog nie gaar is tot ek gelees het dit skei, deeg bo, en ‘n heerlike sous onder! Ek het net die beslag dubbel gemaak, want ek het gedink dit sal te min wees! Oe!! Dit smaak hemels! Veral die vlasousie! Ek sal dit weer bak. Hier het jy ‘n lekker diep oondbak nodig. 12 granadillas (vars of 2 blikkies granadilla moes) - 1½ koppie suiker - 3 eetlepels botter - ¾ koppie koekmeel - 4 eiers - 2 koppies melk - Klits die suiker en botter saam tot room. Voeg die koekmeel stadig by. Klits die eiergele goed en voeg die granadillasap en pitte by. Kits dit saam en voeg dit by die eerste mengsel en roer goed deur. Roer die melk by en voeg dan die styfgeklitste eierwitte in. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. (28 x 23 x 8 cm diep) Plaas die bak in ‘n pannetjie met warm water en bak dit vir 1½ uur in ‘n matige oond. Die deeg skei in twee lae sodat dit ‘n laag soos die kors van koek bo-op ‘n laag gebakte vla vorm. Bedien warm met vla. Resep geplaas deur Rista Grobbelaar Foto’s: Rista Grobbelaar 3de foto: Louise Groenewald
[]
https://iono.fm/e/1399021
DANIKA SMITH BEHAAL 69% ONDANKS 3 BREINOPERASIES IN ’23 --:-- Sy was net ’n maand van gr. 12 by die skool en die dokter het gesê sy kan daarvan vergeet om matriekeksamen te skryf, maar Danika Smith se wilskrag was sterker en het teen alle verwagtinge met byna ’n B-gemiddeld geslaag. 24 Jan 1AM English South Africa Entertainment News · Music Interviews Shandor en Pieter Moller sal die komende sondag aan die 25ste Two Oceans deel neem om fondse in te samel vir Mosaic SA, 'n liefdadigheids organisasie wat na kinders se fisiese en emosionele welstand omsien. Maak gereed vir een van die grootste dae in die Vaal vanjaar – Rocking the Vaal: 'n Afrikaanse viering van kos, musiek en gemeenskap! Sluit aan by Emerald Resort in Vanderbijlpark op 16 Maart 2024 vir 'n ongelooflike dag gevul met sterre en welwillendheid! Good Morning Breakfast het met hom… iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/beurtkrag-oorstromings-gee-bbp-wind-van-voor/
Die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal en voortslepende beurtkrag het ʼn reeds kwesbare nasionale ekonomie – wat maar pas tot voor-pandemievlakke herstel het – opnuut verswak. Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Dinsdag die jongste BBP-syfers bekend gemaak en ná twee agtereenvolgende kwartale van positiewe groei, het die BBP in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,7% gekrimp. Die daling is in skerp teenstelling met die vorige kwartaal se bemoedigende groei van 1,9%. Ekonome het volgens ʼn peiling van Bloomberg ʼn inkrimping van 0,8% voorspel, wat die syfer ten minste effens beter maak as verwag. StatsSA sê die oorstromings het ʼn negatiewe uitwerking op verskeie bedrywe gehad, maar veral op die vervaardigingsektor. Dié sektor is die grootste bedryf in KwaZulu-Natal en is verantwoordelik vir ʼn vyfde van die land se ganse vervaardigingsproduksie. Die skade aan fabrieke, aanlegte en ontwrigting aan die verskaffingsketting het nasionale vervaardigingsuitset met 5,9% afgerem. Die grootste hekkies vir groei was petroleumprodukte en chemikalieë, kos en drankies, asook vervoertoerusting. Die oorstromings en beurtkrag het die handel-, spyseniering- en verblyfsektor ʼn dubbele hou gegee en die sektor het inkrimping van 1,5% ondervind nadat vloedwater kleinhandelaars en stoorfasiliteite beskadig het. Heelwat werksure het boonop weens beurtkrag verlore gegaan. Goud, steenkool en diamante het mynbouproduksie afgerem en ʼn afname in steenkoolproduksie kan gedeeltelik aan die oorstromings toegeskryf word, sê StatsSA. Beurtkrag het ook sy tol geëis op ekonomiese bedrywighede in die elektrisiteit-, gas- en waterverskaffingsbedryf. ʼn Droogte in die Oos-Kaap en die oorstromings in KwaZulu-Natal het ook tot wateronderbrekings aanleiding gegee. Landbou-, bosbou- en visserybedrywighede het met 7,7% gedaal, hoofsaaklik weens ʼn daling in die produksie van diereprodukte. Kragonderbrekings en die verspreiding van bek-en-klouseer het sake vir die sektor bemoeilik. Finansiële, eiendom- en sakedienste het die grootste positiewe bydrae tot die BBP in die tweede kwartaal gelewer en het met 2,4% toegeneem. Groei is hoofsaaklik aangedryf deur verhoogde bedrywighede in die bankbedryf, asook in versekering en pensioenfondsfinansiering. Dit het die ekonomie byna twee jaar geneem om van die uitwerking van Covid-19 te herstel en eers in die eerste kwartaal van vanjaar is ʼn BBP-vlak van vóór die pandemie weer bereik. Die herstel was egter van korte duur en die jongste daling het die BBP nou weer tot onder die voor-pandemievlak van R1 148 miljard laat val. StatsSA sê alle bedrywe herstel ook nie ewe vinnig nie. Teen die tweede kwartaal van vanjaar was slegs vier bedrywe weer op óf hoër as die vlak wat dit voor die uitbreking van die koronavirus gestaan het. Finansiële, eiendom- en sakedienste het twee kwartale geneem om tot die vierdekwartaalvlak van 2019 te herstel, terwyl persoonlike dienste drie kwartale nodig gehad het om weer op sy voete te kom. Landbou, bosbou en visserye het die pandemiestorm betreklik goed trotseer. Ses bedrywe het egter steeds nie herstel nie – en die boubedryf is tans veral in ʼn benarde situasie. Die bedryf is net-net minder as ʼn kwart kleiner (24%) as wat dit voor die uitbreking van die pandemie was. Mynwese het vlugtig in die tweede kwartaal van verlede jaar herstel, maar is nou weer op ʼn vlak laer as wat dit in die vierde kwartaal van 2019 was. Maar daar leuenaar van n cANCer president (nie my president) het gesê terwyl hy so hard gewerk het om n slaggat op n sand pad reg te maak dat SA positiewe groei getoon. Ja wie glo wat hy sê vir election doeleindes As jy mooi kyk sal jy sien dit is n teerpad. En die alewige proteste, stakings, misdaad en ander ontwrigtinge? En BEE, kaderontplooiing en die swaard van onteiening sonder vergoeding? Ek glo dit dra groter gewig in die inkrimping van die BBP. Altyd n verskoning as die ekonomie nie so vrot was voor die oorstromings sou die natuur ramp net ‘n tydelike probleem gewees het wat spoedig weer ingehaal sou kon word. Die land se ekonomie kan nie gered word met die klomp rasistiese skelms wat die land regeer nie. Anargie is so naby dan sal alles ineen stort dan is daar groot moeilikheid
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/britte-eis-antwoorde-na-hulpwerkers-in-aanval-sterf/
Die Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie World Central Kitchen het sy bedrywighede in Gaza tydelik gestaak nadat sewe van sy hulpwerkers Maandag in ʼn lugaanval omgekom het terwyl hulle kos by ʼn pakhuis in Gaza afgelaai het. Die organisasie blameer Israel vir die aanval. Die slagoffers was van Australiese, Britse, Palestynse, Poolse en Amerikaans-Kanadese afkoms. David Cameron, Britse minister van buitelandse sake, het Israel gevra vir ʼn volledige, deursigtige en dringende verduideliking oor die noodlottige lugaanval. Die Israelse weermag ondersoek die voorval op die hoogste vlak en volgens Cameron werk die Verenigde Koninkryk ook self om besonderhede oor die voorval te bevestig. Die voedselvoorraad is per see na die oorloggeteisterde Gaza-strook geneem om die dreigende hongersnood te help verlig. Rishi Sunak, die Britse premier, het gesê hy is geskok en hartseer oor die dood van die Britse hulpwerker en dat daar “definitiewe vrae is wat beantwoord moet word”. Cameron sê dit is ʼn saak van dringendheid om die slagoffers se identiteit te bevestig. “Ons sal ons volle ondersteuning aan die families gee.” Hy sê dit is noodsaaklik dat liefdadigheidswerkers beskerm en toegelaat word om hul werk te doen. Cameron, wat tussen 2010 tot 2016 die Britse eerste minister was en as Engeland se topdiplomaat na die politiek teruggekeer het, het die aanval as diep ontstellend beskryf. Hy was sedert die 7 Oktober-aanval toenemend krities oor aspekte van die Israelse oorlog in Gaza en het herhaaldelik gevra dat meer hulp in die gebied toegelaat moet word. ALLES KON VERHOED GEWEES HET AS HAMAS ISREAL NIE EERSTE AANGEVAL HET NIE Alles kon verhoed gewees het as Isreal, die palistynse vroue en kinders wat hulle aanhou vry gelaat het. Isreal skiet nou voor die voet , geen onderskeid word getref nie Die Britte gaan binnekort huurders in hulle eie land wees die muslim immigrante stroom Brittanje binne so los Israel en gee aandag aan julle eie probleme. Presies Michael. Hoe sê die spreekwoord? Fools rush in where angels fear to tread. Christine, dit is die sionistiese terroriste wat dit alles begin lank voor Hamas se ontstaan.
[]
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/gholf/gholf-rory-hulle-op-scott-se-spoor/
Die Australiër Adam Scott is met een hou voor ná die tweede ronde van die BMW-kampioenskap wat by die Wilmington-buiteklub in Delaware in Amerika beslis word, maar van die wêreld se beste gholfspelers blaas in sy nek. Scott het tellings van 65 en 69 (134, -8) aangeteken in die tweede toernooi van die FedEx-beker se uitspeeltoernooie (Amerikaanse PGA-reeks) om te bepaal watter 30 spelers in die komende geldryke Toerkampioenskap sal speel. Scott word deur Scottie Scheffler, die wêreld se tweede voorste speler op die ranglys, Jordan Spieth en Cameron Young (almal Amerika) asook Corey Conners (Kanada) op 135 gevolg, met die Noord-Ier Rory McIlroy (136) wat ook in die wedloop is nadat hy tellings van 68 en 68 aangeteken het. Scott, wat twee weke gelede slegs 77ste op die FedEx‑beker-ranglys was, was nie eens seker dat hy in die BMW-toernooi sou speel nie. Maar nadat hy verlede week vyfde in die eerste FedEx-toernooi geëindig het, was sy weg gebaan. Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout (140, -2) is in die 33ste posisie. * In Praag loop Gavin Green van Maleisië (130, -14) met drie houe voor ná die tweede ronde van die Tsjeggiese Meesters, wat op die Albatros-baan beslis word. Green word deur Richard Mansell van Engeland, Marcel Schneider (Duitsland) en Thomas Pieters (België) op 133 gevolg, met Suid-Afrika se Louis de Jager (134, -10) wat ook sy spiere bult. Suid-Afrika se Thriston Lawrence (137, -7), Wilco Nienaber (138, -5) en Zander Lombard (139, -5) is ook binne trefafstand, terwyl Thomas Aiken en Hennie du Plessis (albei 142, -2) net-net die afsnypunt gehaal het. * In die Europese Aramco-vroue-toernooi wat in Sotogrande in Spanje beslis word, is die twee Korda-susters, Jessica en Nelly (hulle is die dogters van die gewese tennister Petr Korda), besig om amok te maak. Jessica is op 129 houe (-15) ses houe voor ná die tweede ronde, gevolg deur Pauline Bouchard (Frankryk) op 135 (-9) en Nelly Korda (136, -8). Jessica Korda, wat 61 houe in die eerste ronde aangeteken het, het die laagste telling nog in die Europese reeks vir vroue geëwenaar. Suid-Afrika se Lee-Anne Pace is op 142 (-2) goed geplaas, terwyl Stacy Lee Bregman en Nicole Garcia (148, +4) daarin geslaag het om vir die laaste twee rondes te kwalifiseer. * In die plaaslike Sonskynreeks het Albert Venter die SunBet-uitdaagtoernooi, wat by Wingate in Pretoria gespeel is, met ses houe gewen. Venter, wat vyf houe ná die tweede ronde voor was, het Vrydag op 203 houe geëindig, met Ruan Korb (209) tweede en Estiaan Conradie (210) derde, gevolg deur Michael Palmer (211) en Jean Hugo (212).
[]
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/kaapstad-skud-vere-reg-vir-grootste-kunsteskou-in-afrika/
(Foto: Verskaf) Die skone Kaap gaan dié naweek selfs nog meer aanskoulik wees met die room van Afrika se kunstenaars wat by die Investec Cape Town Art Fair sal saamtrek. Hierdie kunsteskou is al meer as ʼn dekade lank ʼn hoogtepunt op Kaapstad se kunskalender en word vanjaar, van 16 tot 18 Februarie, vir die elfde keer aangebied. Vanjaar se tema is Unboud (ongebonde) en die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum is die hoofkwartier waar meer as 375 kunstenaars en ʼn 100 kunsgalerye hulle kunswerke sal uitstal. Met ʼn toenemende internasionale deelname aan die skou, word dit ook gereken as ʼn belangrike forum waar kunstenaars en kunsliefhebbers die jongste tendense in die Afrika-kunsmark kan pyl en beter kan verstaan. Laura Vincenti, direkteur van die kunsteskou, het haar ervaring en kundigheid as argitek ingespan om die uitleg van die skou te doen sodat temas en konsepte saam uitgestal word, eerder as net konvensionele uitstalhokkies in rye. Elke saamgestelde afdeling wat vir besoekers van belang is, sal dus in dieselfde ruimte wees vir gemaklike toegang. Die kunsteskou bied 24 aktiwiteite aan, wat nie net kunsuitstallings insluit nie, maar ook oorgenoeg besprekings, toekenningsgeleenthede en toere wat besoekers die kans bied om Kaapstad se kuns en kultuur behoorlik te verken. In ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die kunsteskou en die Stad Kaapstad sal jong kunstenaars, wat deel is van die metro se opkomende kunstenaarsprogram, die geleentheid kry om hul werk by die skou uit te stal. So kry die kunstenaars ʼn kans om met kundiges in die bedryf skouers te skuur, die sakekant van die kunswêreld verder te verken en toegang tot hulpbronne om hul kunsloopbane in die bedryf te bevorder. Daar sal ook onder meer ʼn groot openbare kunsinstallasie wees in die skilderagtige middestad van die Bo-Kaap, wat net weereens sal beklemtoon waarom die stad een van die mees aantreklike en interessantste bestemmings ter wêreld is. Nog uitstallings by die kunsteskou sluit in: Die MAIN-afdeling bestaan uit uitstalgalerye van reg oor die wêreld, baie van die uitstallers kom uit die res van die Afrika. Uitstallersgetalle het hierdie jaar toegeneem na die getalle voor die pandemie, wat beteken daar sal ʼn kunswerk vir elke smaak wees. Die Tomorrows/ Today is ʼn saamgestelde afdeling wat eksponensieel gegroei het en uitgebrei het na twaalf uitstallers. Bekende Spaanse kurator vir hierdie afdeling, dr. Mariella Franzoni, bied ʼn platform vir opkomende en onderverteenwoordigde kunstenaars en tree op as ʼn voorspelling van kunstenaars se toekomstige relevante praktyke en idees. Die afdeling sal twaalf uitgesoekte solo-vertoningsprojekte bevat, met ʼn kontantprys wat gaan aan die kunstenaar met die hoogste gehalte aanbieding. Getiteld Inhabiting the Wild, verken die 2024-uitgawe die herverbeelde konsep van wildheid. Die SOLO-afdeling word saamgestel deur die Kaapstadse skrywer, kritikus en kurator Sean O’Toole. Dit fokus op skilderkuns en is getiteld: Loopholes in the Walls of Darkness. Nieteenstaande verstommende vooruitgang in digitale kuns, bly skilderkuns, hoewel ʼn eensame praktyk, steeds die kunsvorm wat die pas aangee in galerye en museums, sowel as in die mark. Die tien duurste kunswerke wat wêreldwyd in 2022 verkoop is, was almal steeds skilderye gewees. GENERATIONS is die kunsteskou se nuutste afdeling wat deur Natasha Becker van die VSA en die Suid-Afrikaanse kurator, Amogelang Maledu, saamgestel is. Die projek vier kunstenaars wat in verskillende stadiums in hul loopbane is en blaas gesprekke oor generasies tussen kunstenaars aan. Die projek is bedoel om kunstenaars na vore te bring wat die gebreke van die verlede aanspreek en ʼn toekoms rekonstrueer wat die talente en kreatiwiteit van alle generasies benut. ʼn Uitgebreide ALT-afdeling keer vanjaar terug. Dié afdeling word gewy aan projekte wat die vele maniere weerspieël waarop die kunswêreld by omstandighede moet aanpas. Hier kan kunstenaars nie-tradisionele kunsprojekruimtes inspan om hul kuns uit te stal. Die afdeling nooi dialoog uit oor onkonvensionele, nie-tradisionele maniere van doen en dink, en beoog om weg te breek van die gewone kunsteskou-omgewing terwyl dit ook ʼn diversiteit van opkomende stemme lok. EDITIONS is nog ʼn afdeling wat weer na die kunsteskou terugkeer en dit is hier waar afdrukke van verskeie kunstenaars, sowel as ruimtes vir kunstydskrifte, joernale en publikasies, en gespesialiseerde opvoedkundige instellings uitgestal word, wat ʼn venster aan die breër ekostelsel van kuns bied. “Kaapstad is ʼn stad met kreatiwiteit en kultuur in oorvloed en dit is ons doelwit om ʼn platform te skep waar kunstenaars hulle werk kan uitstal. “Ons vennootskap met Cape Town Art Fair verskaf nie net ontwikkelingsgeleenthede vir kunstenaars nie, maar verwelkom ook die hupstoot wat hierdie skou aan die plaaslike ekonomie verskaf,” het JP Smith, burgemeesterskomitee-lid vir veiligheid, gesê. Die 11de Investec Cape Town Art Fair vind van 16 tot 18 Februarie plaas met 112 uitstallers, 375 kunstenaars van 54 verskillende nasionaliteite en kunswerke in 30 verskillende vorms. Die skou word van 11:00 tot 19:00 by die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum aangebied. Vir meer inligting of om kaartjies te bespreek besoek www.investeccapetownartfair.co.za.
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2024/02/investec-art-fair-1-320x213.jpg?x66032)" ], [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2024/02/investec-art-fair.jpg?x66032)" ], [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2024/02/investec-art-fair-2.jpg?x66032)" ], [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2024/02/investec-art-fair-3-640x427.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-vsa-oorlogskip-maak-kaapse-draai/
Die USS Hershel “Woody” Williams-oorlogskip het dié week ’n draai by Kaapstad gemaak as deel van ’n geskeduleerde hawebesoek en om die goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika ten toon te stel. Tydens die hawebesoek van dié Lewis B Puller-skip word brandstof en voedselvoorraad weer aangevul. Bemanningslede het ook gedurende die besoek maritieme veiligheid probeer bevorder, deur nou saam met hul Afrika-vennote te werk. Na afloop van die hawebesoek het die skip Woensdag vertrek en gaan nou voort met sy geskeduleerde ontplooiing as deel van die vlootmagte in die Europa-Afrika-operasiegebied. Die skip bied hoofsaaklik humanitêre en rampverligting. Suid-Afrikaanse regeringsamptenare en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die geleentheid gehad om die skip te besoek. Volgens ’n verklaring uitgereik deur die Amerikaanse vloot, het kapt. Chad Graham, bevelvoerder van die skip, gesê hulle stop gereeld aan die Suid-Afrikaanse kus om hul toewyding aan hul Suid-Afrikaanse eweknieë te toon. “Dit wys ook ons is verbind aan die kwessies van wedersydse belang en maritieme veiligheid in die streek,” sê Graham. “Ons sien uit daarna om voort te bou op die reeds goeie verhouding tussen die Verenigde State en Suid-Afrika. Die VSA deel ’n gemeenskaplike belang met Afrika-vennootlande om sekuriteit, veiligheid en vryheid van navigasie op die waters om die vasteland te verseker, want hierdie waters is van kritieke belang vir Afrika se welvaart en toegang tot globale markte.” Hierdie besoek bou ook voort op die skip se onlangse reis om die Afrika-kontinent. In September verlede jaar het die skip Kaapstad besoek waar bemanningslede met die Suid-Afrikaanse regering en weermag vergader het. “Die Verenigde State sien baie duidelik die reeks belange en waardes wat ons met Suid-Afrika en die SANW deel,” sê Todd Haskell, die Amerikaanse konsul-generaal in Kaapstad. “Dit sluit in verbintenis tot die oppergesag van die reg, die bekamping van mensehandel, die hantering van gedeelde veiligheidsbedreigings, en die versekering van vrye en oop vervoer en handel, veral in die Indo-Stille Oseaan.” Welcome to #CapeTown USS Hershel "Woody" Williams! "Our frequent stops in ????????showcase our dedication to our ????????'n counterparts as we work on issues of mutual interest & maritime security within the region,” said Captain Chad Graham, commanding officer of Hershel “Woody” Williams. pic.twitter.com/i7NGxDVQ3C— US ConsulateCapeTown (@USConsulateCT) August 31, 2022 Die goeie verhouding ,wat ‘n grap die ANC ondersteun Rusland, Cuba,en al wat ‘n komunistiese land is openlik alles waarteen die VSA is ,ek glo nie as Pres Trump weer in beheer is sal dit nog steeds die geval wees nie Ek is bly iemand vry nog na Afrika. Dit is nie ‘n oorlog skip nie dit is ‘n “Lewis B. Puller-class expeditionary mobile base” wat wel aan die USA vloot behoort. GOEIE VERHOUDING ???? WAARVAN PRAAT HULLE. Die Amerikaners bly maar snaakse mense. SA is aan die komuniste en radikale moslems en palistyne se kant regoor die wereld. Trump is die enigste een wat hierdie weet Wonder wat is cANCer se reaksie? Moet dit nie liewer ‘n Russiese besoek gewees het nie? ‘n Russiese besoek sou met groot fanfare verwelkom gewees het. Lyk meer of hulle ‘n “scrap metal” handelaar soek. Ek sou hoop dat hulle in Simonstad sou draai maak om die “drywers” van ons duikboot te leer hoe om nie in die seebodem vas te vaar nie! En hoe gaan die Amerikaners dit regkry? Hulle het tegnologie!!! Breinoorplantings? Amerika train baie in SA ook, nes die Britte in Kenya getrain het vir Afghan. Dit is seker skokkend vir die lede van ons vloot om te sien hoe n skip lyk wat onderhou word en waar die bemanning top opleiding het en weet wat hulle doen. Dis net vandat BIDEN die president geword het. Hy is mos so lief vir ons ANC Regering. Mos ‘n mond vol gehad oor SA tydens “apartheid” en nog steeds mal oor our people Watter USA president het laaste iets positief vir SA gedoen? Hulle is goed met praat, maar het genoeg probleme daar om nog oor SA te bekommer. SA het ook nie olie nie, daarom is hulle nie oor ons gespanne nie! Nee, hulle besoek al van lankal af. Ek het die Franklin Roosevelt in 2008 gesien toe dit in Tafelbaai anker gele het. Massiewe ding. Is dit nou hoogtepunte nuus. So ‘n paar jaar terug (2008) was die Franklin Roosevelt ook in Tafelbaai. Ek onthou hoe ons dit dopgehou het vanaf Milnerton-strand. Massiewe ding. Net jammer ons het nie meer ‘n vloot, lugmag of leër nie. In 1863 het Kaapstad ook ‘n besoek van die Amerikaanse vloot gehad. Toe was dit die SS Alabama en vandaar die liedjie ‘Daar kom die Alibama’ (veranderde spelling en al) Wonder of dit nie oor China is nie. Bang die Chinese vat oor hier, nou stop hul net om te wys “moenie van ons vergeet nie” Mutual interest? Die VSA se mag eerder. Die Kaap is ‘n strategiese punt. Punt. SA se vriendskap met Rusland en Sjina is ‘n sakie wat die FBI en CIA pla. Die Kaap sal beset word sou probleme met die Ooste opvlam. Die besoek is nie sommer net vir proviant nie. Dit was nog nooit ooit nie. Waarom word SA deesdae as ‘n planeet buite bereik van wêreldgebeure gesien?
[]
https://jgf.org.za/event/the-talking-table-vyf-dae-van-skryfoefeninge-onder-kundige-leiding/
Kom skryf saam in Stilbaai. Oor vyf dae van groot bederf deur The Talking Table se gashere in ’n tradisionele strandhuis reg op die strand, kry jy skryfoefeninge onder die leiding van Frederik de Jager. Die oefeninge behels vryevloei-skryf, met ingewings wat Frederik jou gee. Ons noem dit porre. Almal sit om ’n tafel en skryf saam. Daarna lees jy jou stuk, en kry positiewe terugvoer. Daar is geen kritiek nie, net ondersteuning en inlewing. Die porre ontvang jy onverhoeds en jy skryf vinnig, sonder om iets uit te dink, vry agter die assosiasies aan wat vanself jou gedagtes te binne skiet. Die doel met die oefening is om die rasionele en kritiese fakulteite so ver moontlik te systap om by vrye, spontane skepping uit te kom. Die mees ervare skrywers kry net soveel waarde uit hierdie oefeninge as die rouste beginner. Daar word geen voorkennis of skryfvaardigheid veronderstel nie. Deelnemers in die verlede, wat van ons mees bekroonde skrywers tot onervarenes ingesluit het, het laat weet dat die oefeninge blokkasies losgemaak het, hulle vrese oor skryf besweer het en die krane gehelp oopdraai het. Dikwels was hulle self verstom oor wat hulle geskryf het. Die simpatieke ruimte waarin ons saam skryf, is deel van die ontspanne, gemoedelike en koesterende ruimte wat deel is van The Talking Table se kultuur. Deelnemers leef saam, deel ’n werkstafel en sit saam om die etenstafel aan vir heerlike kos. En daar word gesels. The Talking Table is die plek om jou eie stem te hoor en jou sê te sê. Die eeu-oue huis met sy krakende plankvloere en nou gange staan met sy tone op die lieflike strand van Stilbaai wat, met sy rivier, een van die mooiste kusdorpe in die land is. Dit is die perfekte plek om jou gedagtes en jou skryfwerk vleuels te gee onder die geruis van die see en uitsig oor die water. Frederik de Jager is een van die mees ervare redakteurs en uitgewers in die land. Hy het talle van ons voorste en bekroonde skrywers se werk gehelp vorm. Hy weet hoe die kreatiewe proses werk, hoe broos dit kan wees, en gee simpatieke leiding en kundige konteks aan die deelnemers. Sy verhalebundel, Man op ’n fiets êrens heen, is in 2022 met die Universiteit van Johannesburg-debuutprys en die Eugène Marais-prys bekroon. Die werkswinkel is van 13 tot 18 Februarie 2024 in Stilbaai. Almal gaan saam tuis in een of twee van Stilbaai se oorspronklike strandhuise. Na ’n ruim ontbyt skryf ons soggens, met die middag vry. Saans sit almal saam aan die langtafel vir genoeglike geselskap en ’n heerlike en rojale maaltyd voorgesit deur die gashere, Douw Steyn en Frederik de Jager. Die koste is R14 000 per persoon enkelkamer of R12 000 per persoon wat deel. Daar is spesiale fooie vir nie-deelnemende vriende of lewensmaats, asook vir Stilbaai-inwoners. ’n 50%-deposito gaan saam met die inskrywing. Die fooi sluit verblyf, twee maaltye per dag en kursusgeld in. Vir navrae en om in te skryf, skryf aan Douw by info@thetalkingtable.com.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2000-kort-en-medium-termyn-behoeftes
Navorsingsverslag 2000/2001 9. Kort- en mediumtermyn behoeftes vir vismeel en oliekoek Gedurende die bemarkingsjaar wat strek oor die periode 1 April 1999 tot 31 Maart 2000 was die vraag na vismeel 127 386 ton en die vraag na oliekoek 1 063 338 ton. Dit verteenwoordig die hoeveelhede wat hoofsaaklik in die kommersiële mark verbruik word. Sojas maak 49% uit van die oliekoek wat verbruik is terwyl enkelmaagdiere (pluimvee en varke) 69% van die beskikbare oliekoek in rantsoene verbruik het. Vir die voorafgaande periode 1 April 1998 tot 31 Maart 1999 was die ooreenstemmende verbruik 96 267 ton vismeel en 1 080 354 ton oliekoek. Gedurende die verslagjaar was daar dus 'n toename in die verbruik van vismeel van 31 119 ton teenoor die vorige jaar terwyl die verbruik van oliekoek marginaal afgeneem het met 17 016 ton (1,6%). Dit is grootliks toe te skryf aan die relatief skerp daling in vismeelpryse teenoor dié van die vorige verslagperiode asook sojaboon pryse wat internasionaal betreklik stabiel was oor dieselfde periode. Plaaslike produksie van oliekoek het gedurende die 1999/2000 bemarkingsjaar in 52% van die RSA se totale behoeftes voorsien terwyl dit 62,8% in die geval van vismeel was, indien die Namibiese produksie buite rekening gelaat word. Weens die 32% hoër verbruik in vismeel teenoor die vorige jaar het die invoer van vismeel dan ook toegeneem van 7 927 ton in die 1998/99 bemarkingsjaar tot 32 386 ton in die 1999/2000 bemarkingjaar. Die groot hoeveelheid oliekoek en veral soja-oliekoek wat ingevoer word het 'n nadelige invloed op die RSA se handelsbalans en verplaas ook potensiële werksgeleenthede plaaslik. Dit is bekend dat die internasionale beskikbaarheid van vismeel besig is om te kwyn en dat 'n al hoe groter persentasie van die beskikbare vismeel gebruik word in die akwakultuurbedryf. Hierdie situasie beklemtoon die belangrikheid van soja-oliekoek as proteïenbron vir veral enkelmaagdiere. Internasionale markfaktore en die invloed daarvan op plaaslike prysverhoudings tussen kommoditeite het 'n groot invloed op die besluitnemingsproses van produsente oor watter kommoditeite en hoeveel hulle daarvan gaan plant. Op sy beurt het sulke gebeure 'n groot invloed, positief of negatief op die PNS se pogings om sy mikpunte te bereik. Gedurende 1999 het produsente weens relatief hoë mieliepryse meer mielies en minder sojas geplant wat meegebring het dat slegs 93 787 hektare met sojas geplant is teenoor die 130 500 hektare in die vorige verslagjaar wat 'n oes van slegs 148 720 ton sojabone tot gevolg gehad het. Die situasie het intussen verbeter en is daar gedurende die jaar 2000 plantseisoen 129 050 hektare sojabone geplant met 'n verwagte oes van 192 705 ton in die volgende verslagjaar. Hierdie groot skommelings van jaar tot jaar in hektare aangeplant kan tot 'n groot mate bekamp word deur sojas as 'n wisselbougewas op 'n volhoubare wyse in produsente se boerderystelsel gevestig te kry. Vir hierdie rede het die PNS 'n kundige aan die UOVS gekontrakteer om 'n studie te doen oor die ekonomiese voordele van sojabone in 'n wisselboustelsel. Die resultate van die studie sal waarskynlik in die volgende verslagjaar bekendgestel word. Voorspellings van oliekoekbenodigdhede vir die jaar 2010 teen verskillende scenario's dui daarop dat indien plaaslike oliekoekproduksie nie betekenisvol verhoog nie daar 750 000 tot 900 000 ton ingevoer sal moet word. Dit bevestig weereens die geweldige uitdagings wat gestel word aan die PNS indien hy sy doelstelling wil bereik. Goeie vordering met produksie van oliekoek is gemaak indien daarop gelet word dat die plaaslike produksie van oliekoek in 1994/95 232 400 ton was waarna dit toegeneem het tot 413 359 ton in 2000/2001 'n jaarlikse saamgestelde groeikoers van 19,01%. Die groei in verbruik van oliekoek oor dieselfde periode was 16,09%. Wat die produksie van soja-oliekoek betref was dit 40 000 ton in 1994/95 teenoor 'n geraamde 101 921 ton vir 2000/2001. Dit verteenwoordig 'n jaarlikse saamgestelde groeikoers van 26,41%. Die jaarlikse groei in verbruik van soja-oliekoek oor dieselfde periode was 17,68%. Volgens 'n artikel deur dr M Griessel beraam hy die lokale produksie soja oliekoekekwivalent vir die jaar 2000/2001 op 96 000 ton en die benodigdhede vir die jaar 2010 op 620 096 ton soja-oliekoek teen 'n laer bevolkingsgroei (VIGS). Indien 'n mikpunt gestel word om teen die 2010 in 50% van ons behoeftes aan soja-oliekoek plaaslik te voorsien (310 018 ton) beteken dit dat sojaboonproduksie teen 13,91% jaarliks moet uitbrei. Vir 'n mikpunt van 80% en 100% plaaslike voorsiening beteken dit jaarlikse groeikoerse van 20,02% en 23,03% onderskeidelik. Gegewe die situasie is daar in die vorige verslag melding gemaak van ander proteïeneryke gewasse waaraan moontlik aandag geskenk sal moet word. In die verband kan vermeld word dat 'n omvattende studie oor die lusernbedryf onderneem is waaroor daar elders in die verslag gerapporteer word.
[]
https://louisnel.co.za/afrikaans/24-aug-dagboek-van-n-fees-v-i-p/
06:00 Lyfseer het begin kwyn. My liggaam begin die punch gewoond raak. My lae rug is in spasma van ure in die kar rondry en die gange en velde van Port Natal deurkruis. 08:00 Ek soek iets om te doen. Stilsit is nie ‘n opsie nie. Gaan soek Mnr. Kruger en vra waar ek kan help. Hy se ons speel tussen 7 en 8 in die wyntent. Ons is almal moeg. Maar daar is nog 2 dae om te gaan. 08:19 Pedro Kruger en die gang moet gehaal word. Ons almal skiet lughawe toe. Ons wag. Die vlugte is vertraag. Ek maak ‘n selfoonvideo van hoe boring dit is om by die lughawe te wag op celebs. 10:00 By die skool. Die girls van “Die Vrou wat haar man gekook het” moet hotel toe. Ons ry North Beach hotel toe. 13:30 Sit by die lughawe. Rian Ungerer van Select Musiek moet gehaal word. Hy is my verantwoordelikheid vir die res van die fees. (mnr. Kruger wat my nou skiet gee om te kyk of ek die punch kan vat.) Hy vlug is laat. Ek wag… 14:00 Wag nog steeds. Eet ‘n garage pie en koeldrank. 14:15 Tjips, Rian en sy pel het geland. Ek laai hul op. Ons ry deur North Beach hotel toe. Dis net ‘n paar van ons kunstenaars wat die voorreg het om daar te bly, die res moet maar tevrede wees met gastehuise. 15:00 Terug by die fees. Blaaskansie. 15:01 Flop neer op ‘n bed. 15:35 Skrik wakker wat voel soos ure se vreedsame slaap en ek is uitgerus. My liggaam is geflous en neem elke blaaskansie met oorgawe aan. 16:10 Christoff arriveer. Ons gaan haal speakers en stands. 17:05 Werk ons setlist uit. Print musiek. Stel kitare. Stel die klank op. 17:35 Jaco bel. Hy kom kyk na ons show en sal die klank doen. Hoera!!! Ons is uitgelate en bly dat ons nie aan ons eie oorgelaat word nie. 18:10 Begin kitare opstel, soek stoele en ‘n tafeltjie vir die klanktoerusting. 19:05 Ons speel in die wyntent. Bietjie gespanne en onseker val ons weg. 20:00 Dozi val weg in die hoofsaal en ons word gedwing om te luister en te stop. Die man het gepraat. Ons gig is verby… tot more! 21:45 Christoff en Jaco gaan kyk DIe vrou wat haar man gekook het. Ek sluip weg en gaan knip ‘n uiltjie in die kamer. 23:30 Die foon lui. Die show is verby. Ons groet en die aand kom tot ‘n einde. En ek loop in ‘n sluimer terug kamer toe en raak in ‘n oogwink weg. Sien ‘n sms van iemand spesiaal. Dis ‘n nagse sms. Wonder waar sy vanaand is. Ek reply nie. Nag wereld 🙂
[]
https://languageimmersions.com/af/2020/11/02/leer-week-8-2/
Maandag Vandag was ek baie besig met die werk, maar ek het besluit om twee 'n paar oefeninge te doen om my Arabies te oefen, Russies, Sjinees en Arabiese leer op Duolingo. Ek het nie veel energie gevoel na 'n lang dag, maar dit het my laat hou my 19 dag streep. Dinsdag Weereens 'n baie besige dag, so dit het 'n werklike poging om my daaglikse oefeninge te doen na aandete. Ek het net klaar my lesse in vier tale op Duolingo. Ek moet erken dat in plaas van Arabies, Sjinees, Russies en Turks as die afgelope 19 dae, Ek nou vervang die laaste een vir makliker Sweeds.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2007-projekte-afgehandel
Navorsingsverslag 2007/2008 5. Projekte wat suksesvol afgehandel is of waarmee aansienlike vordering gemaak is (Bylae I en II) Projekte indeks Projek titels Die ontwikkeling van sojabooncultivars met beter aanpassing en saadkwaliteit Nasionale sojabooncultivarproewe Die verhoging van sojaboonproduksie op die Hoëveld Invloed van SO2 en die interaksie daarvan met droogte, op die groei, fisiologie en biochemie van sojabone (G.Max), bestudeer in 'n OTC-stelsel Chemiese beheer van plant-parasitiese aalwurms geassosieer met sojabone in Suid-Afrika Fenotipiese merkers vir wortelknoppie vormingsvermoë van sojabooncultivars Vestiging van 'n vroeë waarskuwingstelsel vir sojaboonroes Bepaling van die epidemiologiese waarde van weerstand teen roes wat veroorsaak word deur Phakopsora Pachyrhizi in sojaboonlyne Die invloed van silikon op die beheer van sojaboonroes (Phakopsora Pachyrhizi) op sojabone Die ontwikkeling van bestuursgeoriënteerde kaarte vir langtermyn sojaboonroes vatbare areas in Suid-Afrika Evaluering van swamdoders vir die beheer van sclerotinia stamvrot by sojabone Studie van inokulasie en siekte evaluasie tegnieke vir Sclerotinia stamvrot van sojabone Super Sojakompetisie, KwaZulu-Natal Evaluering van canola cultivars onder besproeiing Die stikstofbehoefte van canola onder besproeiing Evaluering van wisselbou met canola onder besproeiing Cultivarevaluering van olie- en proteïensade in die winterreënstreek – canola 'n Ondersoek na die produksiedinamika van agt wisselboustelsels, insluitende koring, canola, lupiene en weidingspesies in die Swartland, Wes-Kaap Ekonomiese volhoubaarheid van kort- en langtermyn wisselbougewas / weidings produksiestelsels in die Suid-Kaap Die bevordering van canola as 'n wisselbougewas binne 'n bewaringsboerdery-stelsel in die droëland saaigebied van die Swartland, deur middel van 'n produsente-kompetisie N-bemesting van canola gebaseer op N-mineralisasie en loging Soutverdraagsaamheid van canola Karakterisering en bestuur van Rhizoctonia op canola en lupiene in wisselboustelsels in die Wes-Kaap provinsie Insekte en ander plae van canola 'n Vergelyking van die reaksie van Suid-Afrikaanse Cobb en Ross braaikuiken-genotipes op verskille in dieëtproteïen Kalibrering van nabye infrarooi spektrometer vir analise van aminosuur analise in veevoer Aminosuur en proteinverbruik van braai broeihoenders op 'n mielie-soja dieët Die effek van beligting op die effektiwiteit van verbruik van dieëtproteïen by Cobb en Ross braaihoenders in Suid-Afrika Evaluering van "Distillers Dried Grains en Solubles" (DDGS) as 'n bron van proteïene vir hoenders en varke Inkomste- en kosteramings Modelle: APR- en Nieuwoudt / McGuigan modelle PNS webtuiste 5.1 Mnr AJ de Lange Die sojaboon teelprogram by die LNR-IGG was aktief tussen 1984 en 2007. Die hoofdoelwitte was die verhoging van opbrengs en proteïeninhoud. Aandag is ook gegee aan aanpassing by 'n wyer reeks biotiese en abiotiese stremmingsfaktore. Kruisings is gemaak en segregerende populasies is ontwikkel en verbeterde lyne is geselekteer. Stabiele lyne is geëvalueer in opbrengsproewe te Potchefstroom, Brits, Bethlehem, Bergville, Vaalharts en Cedara. Vier cultivars is vrygestel uit die program naamlik Egret, Stork, Heron en Ibis 2000. Lyne met weerstand teen knopwortelaalwurm is geïdentifiseer. Suiwer telende lyne en populasies met roes- en koueweerstand is geïdentifiseer. Gevorderde lyne met hoë opbrengspotensiaal is beskikbaar vir finale evaluasie en moontlike vrystelling. Al die lyne en populasies van die 2006/07-seisoen is geoes en sal in koelopberging gehou word. Gedurende 2007 het die sojaboonteler bedank uit die LNR. 'n Nuwe projek sal voorgelê word om 'n aantal lyne met aalwurm- en koue-weerstand finaal te evalueer en tot 'n logiese afhandeling te neem. 5.2 Mnr JL Erasmus 'n Totaal van 30 cultivars was nasionaal op geselekteerde lokaliteite oor die sojaboonproduksiegebied aangeplant en 'n addisionele 30 cultivars was getoets in die fase-1-proewe op nege lokaliteite. Proewe was geplant by navorsingstasies waar die nodige infrastruktuur beskikbaar is om 'n volledige akkerboukundige studie te kan uitvoer. Dit was ook gepoog om proewe te plaas by lokaliteite waar inligting benodig word en waar die maksimum hoeveelheid data verkry kan word. Die volgende is noodsaaklike data vir 'n volledige fenologiese datastel: dae tot opkoms, dae tot blom, dae tot fisiologiese- en oesrypheid, maksimum planthoogte en minimum peulhoogte, omval, oopspring en groenstam, relatiewe vatbaarheid vir siektes en insekte, saad-karakterisering en opbrengs, fisiese en chemiese kwaliteite, asook grond- en weerdata. Alle data word in 'n rekenaardatabasis opgeneem. Die data van die drie verskillende hoofproduksiegebiede, naamlik koel, matig en warm word gebruik vir die berekening van oessekerheid en regressielyne. By die cultivar evaluasie vergadering gedurende September 2007 is daar vyf nuwe cultivars aanbeveel vir registrasie en plasing op die variëteitslys. Hulle is PAN 1664 R, PAN 1564, PAN 1669, PAN 1666 R en AS 4801. Die 2006/07-verslag van die nasionale sojabooncultivarproewe is ook aanvaar vir publikasie. Die gemiddelde opbrengs vir die afgelope seisoen was 1 717kg ha-1 (2 538kg ha-1 vir 2006 en 2 582kg ha-1 vir 2005). Die beste opbrengs was verkry te Groblersdal (3 589kg ha-1), Atlanta (3 007kg ha-1) en Glen (2 951kg ha-1). Die cultivar met die beste gemiddelde opbrengs oor alle plekke was LS 666 met 1 888kg ha-1 en Sonop met 1 538kg ha-1 die laagste. Die cultivar met die hoogste proteïenpersentasie was Stork met 46.33% en die laagste was PAN 538 R met 41.65%. 5.3 Mnr WF van Wyk Drie proewe is gesamentlik uitgevoer op UP-proefplaas in Hatfield, Pretoria naamlik: Rywydte, plantdigtheid en cultivar Bemesting Onkruiddoder By die rywydte-, plantestand- en cultivarproef het sekere tendense te voorskyn gekom en alhoewel nie in alle gevalle betekenisvol nie, bestaan die moontlikheid dat die droë seisoen bygedra het tot die feit dat baie van die data wat gemeet is, nie betekenisvol verskil het nie. Sekere data (soos byvoorbeeld die persentasie 4-pit peule) het betekenisvol tussen cultivars verskil en dit kan aanvaar word dat dit 'n genetiese eienskap van die spesifieke cultivar is. Ook interessant is die feit dat die bostipe-cultivar by drie rywydtes (100cm, 75cm en 50cm) beter opbrengste gehad het as die regop-tipe cultivar. By die 25cm spasiëring het die regoptipe-cultivar egter 'n hoër opbrengs gehad. Die hoë plantdigtheid (400 000 plante/ha) het deurentyd beter presteer as die lae plantdigtheid (300 000 plante/ha). Ander navorsers vind veral in Amerika en Brasilië dat in jare met onder-gemiddelde reënval daar nie betekenisvolle verskille tussen rywydtes is nie. Die bemestingsproef is in die beginfase waar daar gepoog is om die vrugbaarheid van die grond op sekere vlakke te kry waarna daar vanaf die volgende seisoen meer betekenisvolle verskille tussen sekere komponente waargeneem behoort te word. So byvoorbeeld het die kontrole persele in die meeste gevalle net so goed of beter gepresteer as van die behandelings waar redelik goed bemes is – dit wys daarop dat die vrugbaarheid van die grond goed genoeg was om nie betekenisvolle verskille tussen behandelings uit te wys nie. Daar is egter aanduidings dat met toedienings van P en K daar 'n verbeterde proteïen-inhoud haalbaar is. Die negatiewe korrelasie tussen die olie- en proteïen-inhoud het weereens navore gekom – hoe beter die proteïeninhoud, hoe swakker die olie-inhoud. Die onkruiddoderproef is aangeplant sonder dat die onkruidspektrum bekend was. Spesifieke onkruiddoders is alleen of in kombinasie met ander gebruik om die effek daarvan op die onkruide en die opbrengs van die sojabone te toets. Ongelukkig het die meeste probleem onkruide (of moeilik beheerbare onkruide) soos uintjies (min), purperwinde (geen) en wandelende jood (geen) nie voorgekom nie en kon sekere onkruiddoders nie volgens potensiaal getoets word nie. Wat wel bereik is, is waar sekere groepe onkruide (breëblaar of grasse) geteiken was en daar goeie beheer was. Aangesien dit weereens 'n droë seisoen was het die onkruide ook nie floreer nie en vandaar dan ook die feit dat die kontrole-persele(geen beheer) nog steeds goed gedoen het. Waar Roundup-Ready op verskeie tye na opkom toegedien is het dit geblyk dat toedienings op 2 weke (teenoor 6 weke) uiteindelik beter presteer het. Die vraag is egter nou of dit van langer kompetisie deur die onkruide teweeggebring is – of is dit a.g.v. die glifosaat wat die sojabone teruggesit het. Hierdie antwoord sal net gekry kan word indien daar ook 'n tweede stel kontroles is wat met die hand vanaf opkom skoongehou sal moet word. Die onkruiddoder Frontier het alhoewel dit volgens dosis op die etiket toegedien is, wel fitotoksiese reaksies op die sojabone gehad en behalwe dat dit 7 dae later as die ander behandelings opgekom het was daar maar 'n 50-60% stand. 'n Volledige vorderingsverslag is aangebied in Oktober 2007. 5.4 Dr PDR van Heerden, Prof GHJ Krüger, Me E Heyneke, Mnr PR Smit en Mnr R Strauss Die navorsing gedurende 2007 het die volgende behels: (i) Die oprigting, en optimisering van 'n battery van 12 OTC-kamers, en (ii) Die blootstelling van proefplante aan 'n reeks SO2 konsentrasies oor 'n volledige groeiperiode waartydens deurlopend metings t.o.v. groei, fotosintetiese gaswisseling, chlorofil fluoressensie, chlorofilinhoud, blaar- en grondwaterpotensiaal, geneem is. Die werkshipotese was dat matige vogspanning die nadelige invloed van SO2 sou verminder omdat SO2 na verwagting sou lei tot verlaagde stomageleiding. Die uitstekende beheerbaarheid van die stelsel is gedokumenteer. 'n Standaardprotokol vir die beheer en bestuur van die stelsel is opgestel wat vir voortgesette werk in die stelsel nuttig aangewend sal word. 'n Ultrastrukturele ondersoek van blaarmateriaal van G. max, wat 7 uur daagliks vir 35 dae blootgestel is aan SO2, het aan die lig gebring dat skade hoofsaaklik in die chloroplaste plaasvind. n Belangrike bevinding is dat fisiologiese en biochemiese beperkings ingetree het nog voordat sigbare simptome verskyn het. Hoewel 'n effense stimulering in die geval by die 50 dpb-behandeling voorgekom het, verlaag SO2-blootstelling die biomassa van soja betekenisvol. In droogte-gestremde, plante wat aan 300 dpb SO2 blootgestel was, was die afname in biomassa 57%. Peulgrootte en saadaantal is ook beduidend gerem. Bogrondse groei was erger geïnhibeer as ondergrondse groei. SO2-blootstelling het gelei tot 'n laer watergebruiksdoeltreffendheid (WUE). Analise van die gaswisselingsdata het getoon dat die SO2-geïnduseerde remming van fotosintese hoofsaaklik te wyte was aan bio-chemiese beperking en in 'n mindere mate aan stomatale beperking. Die opvatting dat matige vogstremming die nadelige invloed van lug-besoedeling (in hierdie geval SO2) kan verminder, is dus as verkeerd bewys. Benewens die SO2-geïnduseerde afname in peulgrootte en saadaantal van G. max, het 'n omgekeerde verband bestaan tussen die SO2-konsentrasie van die behandelings en die ureïed-inhoud van die nodules. Reeds by die 50 dpb behandeling was die afname in ureïed-inhoud van die nodules 25%, wat dui op die sterk remmende invloed van SO2 op simbiotiese stikstofbinding. Met hierdie ondersoek is ook belangrike inligting verkry ten opsigte van die invloed van SO2 op primêre fotochemie (PSII-funksie), fotosintetiese gaswisseling, die ligrespons en karboksilase-aktiwiteit (Rubisco) van sojabone. 'n Oorsigtelike skema wat die sleutel fisiologiese en biochemiese aspekte van fotosintese toon en aangedui waar SO2 sy remmende invloed uitoefen, is saamgestel. Die implikasie van die bevindings vir gewasproduksie in hoogs besoedelde gebiede word bespreek. 5.5 Dr H Fourie Betekenisvolle oesverliese is 'n realiteit in sojaboonaanplantings aangesien geen aalwurmdoders tans op die gewas geregistreer is nie. Uitbreiding van sojaboonaanplantings na gebiede met sandgronde vererger die aalwurmprobleem verder. Die rede hiervoor is dat knopwortelaalwurms wydverspreid in die gronde voorkom en oesverliese by gewasse veroorsaak. Vervolgens is verskeie aalwurmdoders geëvalueer met die doel om moontlike registrasie daarvan vir die beheer van plantparasitiese aalwurms op dié gewas te ondersteun. Drie veldproewe is geplant tydens die 2005/06-groeiseisoen in die Nelspruit-, Vaalharts- en Hammanskraalomgewings waar natuurlike knopwortelaalwurm besmettings voorkom. Betekenisvolle verskille ten opsigte van knopwortelaalwurmgetalle per 50g wortels is verkry oor die drie lokaliteite tussen die 14 aalwurmdoderbehandelings wat ingesluit was. Drie van hierdie behandelings het betekenisvol minder knopwortelaalwurmgetalle op al drie lokaliteite getoon en het dus potensiaal om knopwortelaalwurmgetalle effektief te verlaag vergeleke met die onbehandelde kontrole. Verskeie ander behandelings het ook betekenisvol minder knopwortelaalwurms onderhou, maar slegs op een of twee van die lokaliteite. Aalwurmdoderbehandelings wat dus potensiaal getoon het om knopwortelaalwurmbevolkings betekenisvol te verlaag tydens die 2005/06 seisoen kan dus saam met sodanige behandelings wat dieselfde neiging getoon het tydens die vorige seisoen oorweeg word vir registrasiedoeleindes. Data oor residu-analises is egter 'n voorvereiste vir registrasie en dié moet deur die onderskeie maatskappye ingedien word. Wat oesdata betref, is geen betekenisvolle verskille verkry tussen die 14 behandelings nie. Omgewingstoestande (bv. oorvloedige reën) en grondeienskappe (pH) kon egter 'n bydrae gehad het tot laasgenoemde effek en moet in ag geneem word wanneer aalwurmdoders oorweeg word vir registrasie. Data wat verkry is tydens hierdie navorsing toon dat sekere aalwurmdoders aansienlike verligting kan teweegbring vir sojaboonprodusente waar hoë knopwortelaalwurmbevolkings voorkom. 5.6 Me Urte Schlüter, Dr Riekert van Heerden en Dr Karl Kunert Stikstofbinding in wortelknoppies bied 'n groot voordeel in sojabone in vergelyking met meeste ander graangewasse deurdat die sojaboonwortelknoppies die stikstof bind wat benodig word vir groei en produksie van proteïenryke sade. Die lewensduur van die wortelknoppies is egter baie kort (11-13 weke) en stikstofbinding neem skerp af soos die wortelknoppies verouder, teen saadset het dit normaalweg amper heeltemal opgehou. Grondverdroging en hoë temperatuur verkort die lewensduurte van die wortelknoppies en beperk so stikstofbinding wat 'n groot invloed op saadproduksie, gewaskwaliteit- en opbrengs het. Die doel van die projek is om die huidige kennis rakende doeltreffend en maklik meetbare fisiologiese merkers wat van belang kan wees in 'n teelprogram, uit te brei. Die merkers sal kan help met die seleksie van sojaboon cultivars geskik vir verbouing in droër dele van Suid-Afrika. Spesifieke fokus word gerig op merkers vir verlengde lewensduurte van wortelknoppies gedurende droogte kondisies. Navorsing word uitgevoer by die Universiteit van Pretoria in noue samewerking met die Universiteit van die Noord-Wes asook die Universiteit van Limpopo waar hoë-opbrengs cultivars met potensiaal vir Suid-Afrika vergelyk word met 'n verwysingscultivar (Jackson) wat droogte weerstandbiedend is. Hoë verdrogingstempo's, veral as onvoldoende potgroottes gebruik word in eksperimente onder beheerde kondisies, kan dikwels tot onrealistiese watertekort simptome in plante lei wat die ekstrapolasie na veldkondisies bemoeilik. Om hierdie probleem te voorkom word 'n loodsstudie uitgevoer waar plante in groot (15l) potte getoets word met 'n gestandaardiseerde groeimedium met vyf spesiale glasvesel matte op verskillende vertikale posisies geplaas in die medium. Die glasvesel matte trek konstant water uit 'n tenk op in die groeimedium deur kapillêre kragte en hou die groeimedium by veldkapasiteit. Ons verwag dat die metode sal bydra tot die beheer en standaardisasie van die plantgroei/grondwater status. Watertekort eksperimente sal dan uitgevoer word sodra die plante blom wat 'n baie sensitiewe stadium vir watertekort gedurende die plantontwikkeling is. Watertekort sal by helfte van die plante meegebring word deur die hoeveelheid glasvesel matte wat water aan die potte verskaf te verminder, terwyl by die ander plante 'n optimum grondwater-status gehandhaaf sal word. Verskeie loot- en wortelknoppiefaktore sal gemeet word om die watertekort reaksie van verskeie sojaboongenotipes gedurende die watertekort behandeling te kwantifiseer. Die faktore wat gemeet sal word sluit in lootgroei, plant waterstatus, blaar chlorofil hoeveelheid, koolstof-binding sowel as wortelknoppies faktore. Voorlopige eksperimente sluit die basiese karakterisering van die wortelknoppies (aantal, grootte, kleur, vorm) in. Om die geldigheid van die visuele merkers te bepaal word dit met biochemiese analises van sleutel kenmerke van wortelknoppie metabolisme ondersteun soos sukrosintase aktiwiteit, wat 'n baie sensitiewe indikator van metaboliese potensiaal in wortelknoppies is, asook die nitrogenase aktiwiteit, leghemoglobien inhoud, uriede en koolhidraat inhoud. 5.7 Dr M Craven en Mnr TM Ramusi Gedurende die 2006/07-seisoen is 'n vroeë waarskuwingstelsel vir sojaboonroes geskep deur tien lokaliteite wat verteenwoordigend is van die belangrikste sojaboonproduksie-areas, te selekteer. Die lokaliteite was by Kestell (Vrystaat), Winterton, Greytown, Normandien, Vryheid (KwaZulu-Natal), Piet Retief, Morgenzon en Kinross (Mpumalanga), Heidelberg (Gauteng) en Potchefstroom (Noordwes). Soos in die verlede is daar gepoog om die proewe drie tot vier weke voor die algemene plantdatum vir sojabone te plant. Twee cultivars met verskillende groeiperiodes (PAN 421 RR as kort- en PAN 522 RR as langgroeier) is geselekteer om in gelyke dele in elk van die proewe, wat elk ongeveer 2000 m² groot was, te plant. Plant en instandhouding van die proewe was die verantwoordelikheid van die betrokke produsente. Roetine waarnemings het op 18 Januarie 2007 begin en proewe is daarna op 'n weeklikse basis besoek. Streng sanitêre maatreëls is gevolg om te verseker dat geen spooroordrag tussen proewe plaasvind nie. Dit het die dra van reënjasse en reënstewels ingesluit, wat na inspeksie van die proewe met 'n 70% Jik-oplossing afgespuit is. Wanneer roes op 'n lokaliteit waargeneem is, is elke betrokke produsent aangeraai om die perseel met toepaslike swamdoders te spuit of om dit tot niet te maak en alle plantreste te vernietig. Dit moet gedoen word om te verseker dat die perseel nie 'n bron van inokulasie word vir omliggende, kommersiële aanplantings nie. Die Heidelbergproef kon nie geëvalueer word nie aangesien die produsent die perseel tot niet gemaak het nadat uitgebreide skade deur hael en diere aangerig is. Roes is eerste by Greytown en Piet Retief waargeneem (26/01/2007). Daarna is dit by Vryheid (01/02/2007), Morgenzon (02/02/2007) en Normandien (22/02/2007) waargeneem. Geen roes het hierdie seisoen by Kestell, Winterton, Kinross en Potchefstroom voorgekom nie. 5.8 Prof NW McLaren en Me C Botha Die doel van die studie is om weerstand teen roes in sojaboon kiemplasma en opbrengsverliese te kwantifiseer. Dit is 'n opvolg studie oor die identifisering van gasheer eienskappe wat geassosieer is met die afname in roes strafheid en opbrengsverliese soos in cultivarproewe bepaal. (McLAREN, N.W. (2008) Reaction of South African soybean cultivars to rust caused by Phakopsora pachyrhizi. South African Journal of Plant and Soil 25: 49-54). 'n Hoof komponent wat epidemies beïnvloed en die finale siektevlak bepaal is die fisiologiese stadium wanneer die siekte eerste waargeneem is en dit het verskil tussen cultivars. 'n Betekenisvolle (P>0.05), negatiewe verhouding is gevind tussen die Area Onder die Siekte Ontwikkelingskurwe (AOSOK) en groei-stadium by eerste siekte waarneming. 'n Verhouding tussen opbrengsverlies en vroeë ontblaring is ook waargeneem wat 16-21 dae vroeër voorgekom het in langer seisoen cultivars. Die studie het ook die kwantifisering van opbrengsverliese in 32 diverse epidemies ingesluit met 'n kort, medium en lang seisoen cultivar. Opvolgaanplantings het behandelings met carbendazin / flusilazole na blom ingesluit om vergelykings te maak met onbehandelde persele en 90 en 45 cm ryspasiërings. Roes voorkoms is nou gekoppel aan gasheer ontwikkelingstadium in die drie variëteite wat gebruik is en 'n betekenisvolle verhouding is gevind tussen tyd van voorkoms en AOSOK (R²=0.59, R²=0.61 en R²=0.64 in die kort, medium en lang seisoen variëteite onderskeidelik). 'n Betekenisvolle verhouding tussen die tempo van siekte ontwikkeling (vdPlank, 1963) en AOSOK is ook waargeneem (R²=0.69, R²=0.68 en R²=0.72 kort, medium en lang seisoen variëteite onderskeidelik). Integrasie van die twee veranderlikes in 'n veelvoudige regressie model het die verhouding aansienlik verbeter (R²>0.80) en het getoon dat seleksie vir die gasheer eienskappe betekenisvol kan bydra tot 'n vermindering in siekte strafheid. Opbrengsverlies analises is deur die spuitdoeltreffendheid omvergegooi en heelwat siekte het selfs in die swamdoder behandelde persele voorgekom. Spuitdoeltreffendheid het gevarieer vanaf 41-93% en modelle moes dus aangepas word om werklike opbrengsverliese te bepaal. Resultate het aangedui dat betekenisvolle opbrengsverliese selfs by swamdoder-gespuite persele kan voorkom en dat spuitdoeltreffendheid 'n belangrike veranderlike is by roesbeheer. Lynevalueringsproewe het bestaan uit 478 inskrywings en proewe is op Cedara geplant. Persele is elke twee weke gemonitor vir roes ontwikkeling. Roes voorkoms was afhanklik van natuurlike infeksie. Data word geanaliseer. Epidemies word gemodelleer om die relatiewe leeftyd van lyne te bepaal wanneer die siekte ingetree het, die tempo van siekte-ontwikkeling en AOSOK. Twee-en-twintig lyne is geselekteer vir kruisings om te bepaal of populasies verbeter kan word vir siekte weerstand. Proewe word ook tans in die glashuis uitgevoer om die reaksie van lyne teenoor roes te bepaal gebaseer op latente periode, letsel tipe, grote en infeksie frekwensie. Roes versameling, identifisering van rasse en isolaat x gasheer genotipe interaksies word ook ingesluit in die studie asook die bepaling van meganismes van weerstand (fenole, anti-fungus proteïen) en omgewingsinvloede. 5.9 Ms Dael Visser en Dr Pat Caldwell Silikon, as kaliumsilikaat, was vanaf die V3 groeistadium teen verskillende konsentrasies toegedien met 30 dae intervalle. Die proef het bestaan uit sewe behandelings waarvan een die swamdoder Punch C ingesluit het en ses konsentrasie silikon van 0, 100, 250, 500, 1000 en 2000 mg/L. 'n Ewekansige blokontwerp met vyf herhalings was gebruik en behandelings is aan 3 m x 3 m plotte met vier rye plante per plot toegedien. Die plante in die middelste twee rye was gebruik om die persentasie blaaroppervlak wat geïnfekteer was en, die area onder siekte ontwikkelingskurwe (area under disease progress curve AUDPC) asook die opbrengs te bepaal. Sojaboonplante wat behandel was met Punch C het die laagste AUDPC (17.2) gehad terwyl die kontrole die hoogste waarde gehad het nl. 92.2. Die hoogste konsentrasie Si (2000 dpm) het 'n betekenisvolle laer AUDPC (64.8) gehad in vergelyking met die ander konsentrasies en kontrole. Verskille tussen die kontrole en ander konsentrasies was nie betekenisvol nie. Opbrengs tussen die Punch C en 2000 Si dpm (634 en 697g) behandeling was nie betekenisvol nie. Dit was egter betekenisvol verskillend teenoor die ander konsentrasies. Weereens was die verskille in opbrengs tussen die kontrole en die res van die behandelings nie betekenisvol nie. Toekomstige doelwitte Met die herhaling van die proef in die 2008/2009 seisoen word die volgende doelwitte in die vooruitsig gestel: Om die invloed van meer konsentrasies Si te bepaal. Om die residuele effek van Si te bepaal. 'n Proef sal op die oorspronklike proef area van 2007/2008 gedoen word. Om te bepaal of Si saam met swam-, insek- en onkruiddoders toegedien kan word om insetkoste te bespaar. 5.10 Me Lauren van Niekerk en Dr Pat Caldwell Sojaboonroes (SBR) het die potensiaal om sojaboonproduksie in Suid-Afrika en die wêreld te benadeel. Navorsing ten opsigte van die epidemiologiese eienskappe het tot gevolg gehad dat die invloed van temperatuur en vog op die ontwikkeling van Phakopsora pachyrhizi spore beter verstaan word. Min inligting is egter beskikbaar oor die gebiede in Suid-Afrika wat vatbaar is vir sojaboonroesinfeksies. Dit het tot gevolg dat produsente nie seker is of SBR 'n risiko inhou vir sojaboonproduksie nie. Risikobestuurspraktyke word dus nie toegepas nie. Die doelwitte van die studie is om: Bestuursgeoriënteerde ruimtelike (spatial) kaarte te ontwikkel wat areas sal aandui wat 'n risiko inhou vir SBR infeksies en Om 'n raamwerk vir "near real-time" roes vatbare voorspellings te ontwikkel. Databasisse sluit die volgende in: Weerdata van 'n outomatiese weerstasie op Cedara met weerdata van 1998 tot op hede en SBR proefdata wat verkry is gedurende die 2001/2002 en 2003/2004 sojaboon groeiseisoene. Deur omgewingsparameters te gebruik kan 'n nuwe epidemiologiese algoritme ontwikkel, getoets en gemodelleer word. Alle algoritmes sal gemodelleer word deur die klimaatsdatabasis van Cedara te gebruik en te vergelyk met 'n SBR databasis vir dieselfde area op dieselfde tydstip. Die mees akkurate algoritme sal gekies word en dan gebruik word om 'n SBR model te ontwikkel vir die hele Suid-Afrika deur gebruik te maak van die 50 jaar databasis. Die resultate sal ruimtelik voorgestel word deur hoë resolusie kaarte. Afhangende van resultate kan bykomende kaarte ontwikkel word om gebiede wat herhaalde periodes van mis ervaar af te beeld en in te skakel in die finale risikokaart. Na afloop hiervan sal 'n raamwerk ontwikkel word om "near-real time" roesvatbare voorspellings te maak. Hierdie raamwerk kan in die toekoms geïntegreer word in 'n vroeë waarskuwingsisteem om produsente in te lig ten opsigte van die moontlikheid van SBR infeksie gebaseer op huidige en voorspelde weerstoestande. Hierdie raamwerk sal voorafgenoemde model, "near real time" weerdata van outomatiese weerstasies regoor die land en weervoorspellings inskakel. Gegrond op hierdie raamwerk kan 'n waarskuwingsisteem ontwikkel word wat produsente kan inlig deur middel van epos of SMS dat huidige toestande gunstig is vir SBR infeksies. Produsente kan dan 'n bestuursbesluit neem of hulle swamdoders wil spuit al dan nie ten opsigte van SBR voorkoming. Tans word die tweede algoritme ontwikkel en toetsing van beide algoritmes sal daarna volg. 5.11 Dr M Craven en Mnr WG Khali Agtien sojabooncultivars is gedurende 2003/04 tot 2006/07 te Bethlehem en Greytown geëvalueer vir weerstand teen Sclerotinia stamvrot. Gedurende die 2003/04- en 2004/05-seisoene is drie opeenvolgende aanplantings gedoen en vier opeenvolgende aanplantings gedurende die 2005/06- en 2006/07-seisoene. Plantdatums is versprei vanaf middel November tot einde Desember om 'n verskeidenheid van weerstoestande te akkommodeer tydens patogeen-inokulasie. Die persele is met blom asook twee weke na blom geïnokuleer met Sclerotinia sclerotiorum. Gedurende 2005/06 en 2006/07 is die tweede inokulumtoediening gedoen met 'n suspensie van gemaalde aartappel-dekstrose agar (ADA) kulture en water. Die rangorde in terme van siektevoorkoms van die cultivars het nie gekorrelleer oor plantdatums, seisoene of lokaliteite nie en uiteenlopende reaksies van die cultivars op die patogeen onder verskillende omgewingstoestande is waargeneem. Nie-lineêre regressie is gebruik om die verwantskap tussen Sclerotinia stam-vrotpotensiaal met inokulasiedatums en waargenome siektevoorkoms in die cultivars te bepaal. Cultivarreaksie kon in drie kategorieë geklassifiseer word, nl. dié wat lineêr verwant was aan siektepotensiaal, dié wat hoogs vatbaar was selfs by lae siektepotensiale en dié wat wisselende vlakke van weerstand getoon het, ongeag stygende siektepotensiaal. 5.12 Die doel van die studie was om verskeie inokulasie metodes te evalueer in die glashuis; om optimale omstandighede vir infeksie in die glashuis en onder veldtoestande vas te stel; om huidige kommersiele cultivars vir weerstand teen sclerotinia stamvrot te evalueer onder veldtoestande en in die glashuis; om 'n ekonomies bekostigbare en effektiewe beheer metode te ontwikkel (biologies en chemies) en om die isolaat variasie en patogenisiteit van verskeie S. sclerotiorum isolate vanaf plaaslike produksiegebiede vas te stel. Glashuis evaluasies van ses verskillende inokulasie metodes op vier sojaboon cultivars is gedoen. Die blaarskade en voorkoms van verwelking is vasgestel op 'n 0-5 skaal. Siektevoorkoms het daarop gedui dat die verskeie metodes verskil en 'n spuit meselium metode was die mees effektiefste en duidelike verskille tussen cultivars is gevind. Daar is gevind dat cultivars verskillend reageer teenoor die verskillende inokulasie metodes wat gebruik is, veral waar besering van die plantweefsel teenwoordig is. Temperatuur en blaaroppervlakte en vogstudies is in die glashuis gedoen. Die optimale temperatuur vir die ontwikkeling van Sclerotinia stamvrot is vasgestel as 20.90ºC en 22.75ºC. Hoë humiditeit of vog is noodsaaklik vir siekte ontwikkeling en die siekte het toegeneem in beide die glashuis en die veld soos die relatiewe humiditeit (RH) verhoog het. Veld evaluasie het getoon dat die optimum temperatuur en RH bereken was by 22.75ºC en 95.37% onderskeidelik. Veelvoudige regressieanalises het getoon dat hierdie die enigste veranderlikes was wat met siekte ontwikkeling gepaard gegaan het. Veldproewe het getoon dat cultivars verskillend reageer teenoor veranderende omgewingstoestande en siektepotensiaal. 'n Hoë vlak van genotipe x omgewing interaksie is opgemerk. Die meerderheid van die cultivars was vatbaar vir die siekte selfs onder minder optimale toestande. 'n Regressie metode is toegepas om die gedragspatroon van cultivars onder veranderende siekte toestande te kwantifiseer. Verskille in siekte voorkoms van cultivars is gevind maar die gewenste vlak van weerstand ontbreek steeds en plaas weereens die fokus op die ontwikkeling van weerstandbiedende cultivars (McLaren, N.W. & Craven, M. (2008): Evaluation of soybean cultivars for resistance to sclerotinia stalk rot in South Africa. Crop Protection 27:131-135). Verskeie chemiese- en- biologiese beheermetodes is kommersieël beskikbaar, maar effektiewe beheer van Sclerotinia stamvrot hierdeur ontbreek steeds. Laboratorium resultate het getoon dat die chemiese middels toegedien teen die gespesifiseerde dosis nie die fungus effektief kon beheer nie teenoor die dubbel dosis wat regdeur die evaluasie effektief was. Biologiese beheer agente het die vermoë en potensiaal om S. sclerotiorum te beheer maar verdere navorsing is nodig om die effektiwiteit te verhoog. Benomyl en Sumisclex was die mees effektiefste agente gedurende die studie in die laboratorium en die glashuis. Siekte onderdrukking het verskil tussen behandelings. 5.13 Mnr C Havenga Die Super-sojakompetisie in KwaZulu-Natal is nou in sy agtiende jaar en belangstelling in die kompetisie is nog steeds baie goed. Hierdie kompetisie is 'n voorligtingsaksie om die verbouing van sojabone in KwaZulu-Natal (KZN) te bevorder. Belangstelling asook die kundigheid in sojaboonverbouing het oor die afgelope 18 jaar betekenisvol verbeter. Die hoeveelheid sojabone wat jaarliks aangeplant word, word tot 'n groot mate deur die mielie-sojaboon prysverhouding beïnvloed. Winterton en Bergville val nog onder die Suidelike KwaZulu-Natal (S-KZN) streek. S-KZN het vanjaar 15 inskrywings en N-KZN 31 inskrywings gehad. pbrengste is vanjaar aansienlik laer as die van die afgelope drie seisoene, hoofsaaklik as gevolg van droogte toestande gedurende die laaste helfte van die seisoen. In S-KZN – kompetisie het die opbrengste tussen 1.07 en 4.87 ton/ha gewissel met 'n gemiddelde opbrengs van 3.01 ton/ha wat heelwat swakker as die vorige seisoen se 4.23 ton/ha is. Agt lande (53%) was onder besproeiing met 'n gemiddelde opbrengs van 3.29 ton/ha wat tussen 1.83 en 4.87 ton/ha gewissel het. Die gemiddelde opbrengs in N-KZN – kompetisie was 2.62 ton/ha en het tussen 1.39 en 4.16 ton/ha gewissel. Die gemiddelde opbrengs onder besproeiing was 3.73 ton/ha. Hierdie seisoen se opbrengste is ook betekenisvol laer as die vorige seisoen sin, maar vergelyk nog goed met die langtermyn gemiddeld van 2.71 ton/ha. Proteïeninhoud van S-KZN se oes was goed tot baie goed. Die gemiddelde proteïeninhoud was 39.73% (vogvry) en het tussen 36.11% en 43.34% (vogvry) gewissel. In N-KZN was die proteïeninhoud bevredigend tot baie goed met 'n gemiddeld van 38.83% (vogvry) wat laer as die vorige seisoen se 42.1% is. Die proteïeninhoud het tussen 35.64% en 43.35% (vogvry) gewissel. S-KZN se olie-inhoud op 'n vogvry basis het tussen 17.92% en 23.15% gewissel met 'n gemiddelde ontleding van 21.32% wat heelwat beter as die vorige seisoen is. Daar was nie 'n noemenswaardige verskil tussen die gemiddelde olie % van sojabone onder besproeiing (21.26% en sojabone onder droëlandverbouing (21.39%) nie. Die gemiddelde olie-inhoud van N-KZN se sojabone was 20.53% (vogvry) en het tussen 18.31% en 22.66% gewissel. Hierdie kompetisie skep 'n geleentheid om produksie praktyke te boekstaaf, te evalueer en sodoende produksie probleme te identifiseer wat verder kan lei tot navorsingsprojekte om dit op te los. 5.14 Dr AA Nel Om canola winsgewend te kan produseer, is dit noodsaaklik dat alle produksie-insette optimaal is. In terme van cultivars is dit die aanplant van een of meer wat by die spesifieke omgewing aangepas is. Daar is egter slegs beperkte inligting oor die prestasie van cultivars tans beskikbaar. Nuwe cultivars verskyn ook jaarliks op die mark, wat 'n behoefte vir deurlopende cultivarevaluasie noodsaak. Die doel van hierdie projek is daarom om die beskikbare kommersiële cultivars vir opbrengs en graansamestelling jaarliks op minstens vyf lokaliteite te evalueer. Gedurende die 2006-seisoen is 17 cultivars vir evaluasie by sewe lokaliteitplantdatumkombinasies geplant. Vyf proewe was suksesvol. Beide maksimum- en minimumtemperature was betreklik gunstig. Vroeë aanplantings het besonder geil gegroei en omval het algemeen voorgekom. Opbrengste van cultivars het van 0.9 tot so hoog as 5.4 t ha-1 oor lokaliteite gevarieer. Die algehele gemiddelde opbrengs oor al die lokaliteite en plantdatums was 3.2 t ha-1. Die vogvrye olie-inhoud het van 34% tot 42% gevarieer, met 'n algehele gemiddeld van 38%. Die proteïeninhoud het van 23% tot 28% gevarieer, met 'n algehele gemiddeld van 26%. 5.15 Dr AA Nel en Mnr NA Nkosi Die veevoerbedryf in Suid-Afrika het gedurende 2007/08 meer as 1 263 628 ton oliekoek ingevoer om aan die binnelandse vraag na proteïen te voorsien. Uitbreiding van die plaaslike canolaproduksie kan dié afhanklikheid van invoere verlig en terselfdertyd kan canola ook as 'n nuttige wisselbougewas in siektegeteisterde gewasstelsels onder besproeiing dien. Bemesting is tans die grootste enkele koste-item in droëland canolaproduksie in Suid-Afrika. Wetenskaplikbepaalde riglyne vir N-bemesting van canola bestaan nog nie in Suid-Afrika nie en riglyne van elders stem nie ooreen nie. Die doel van die projek was om riglyne vir N-bemesting vir canola onder besproeiing daar te stel. Veldproewe is gedurende die winters van 2004 tot 2006 geplant op 'n sandgrond by Vaalharts en op 'n leemgrond te Potchefstroom. Ses stikstof-bemestingspeile wat van nul tot 300 kg N ha-1 gewissel het, is gebruik. Tydens die vegetatiewe tot beginblomstadium is in 2004 en 2005 drie en in 2006 vier keer monsters geneem vir bepaling van die biomassa en stikstofinhoud ten einde 'n stikstofverdunningskromme wat vir raapsaad in Europa daargestel is te evalueer. Die proewe is op die aangewese stadiums geoes, die opbrengste bepaal en graan van beide lokaliteite is vir olie- en proteïeninhoud ontleed. Die N-inhouddata het die kromme wat vir winterolie-raapsaad in Europa bepaal is, bevestig en dit kan dus ook vir die bepaling van 'n vroeë N-gebrek by canola gebruik word. Die berekende optimum opbrengste en ooreenstemmende N-peile het groot variasie oor seisoene en lokaliteite getoon. Alhoewel wisselend, is 'n algemene N-bemestingsriglyn wat vir canola onder besproeiing aanbeveel kan word, 204 kg ha-1 waar 'n opbrengsmikpunt nie tersprake is nie. Deltaopbrengs, waar die grond se stikstoflewerings-vermoë en opbrengspotensiaal in ag geneem word, toon potensiaal as 'n betroubare maatstaf vir die bepaling van stikstofbemestingsbehoeftes. Die N-bemestingspeil, uitgedruk in kg ha-1 kan vir besproeiing én droëlandverbouing bereken word volgens die formule N-bemestingspeil (kg ha-1) = D0.687 waar D die deltaopbrengs in kg ha-1 is. Die saad se olie-inhoud is beïnvloed deur cultivars in twee seisoene, deur 'n relatief klein N-bemesting x lokaliteitinte-raksie in 2004 en deur 'n lokaliteit x cultivar interaksie in 2005. Proteïeninhoud is deur al die faktore en interaksies behalwe 'n N-bemesting x cultivar interaksie, in een of meer seisoene, beïnvloed. In gevalle waar proteïeninhoud beïnvloed is, het dit 'n verhoging na gelang van verhoogde N-bemestingspeile getoon. Die inkonsekwentheid van behandelingseffekte oor seisoene toon dat die saad se olie- en proteïeninhoud deur 'n kompleks van faktore bepaal word. 5.16 Dr AA Nel Canola is 'n gesogte oliesaadgewas in die veevoerbedryf weens sy lae vesel- en hoë proteïeninhoud. Enige uitbreiding van canolaproduksie sal die binnelandse afhanklikheid van proteïeninvoer verminder. As deel van die Brassicafamilie van plante wat nie 'n goeie gasheer vir meeste graangewassiektes is nie, het canola die potensiaal om as wisselbougewas die volhoubaarheid van graangewasstelsels onder besproeiing te bevorder. Die doel van hierdie ondersoek is om 1) die invloed van canola op die opbrengs van opvolggewasse te ondersoek, asook die invloed van die wisselgewasse op die opbrengs van canola in een- en twee-jaar rotasie stelsels, 2) die invloed van canola op die aalwurmpopulasie te bepaal, 3) die invloed van die verskillende voorafgaande gewasse op die voorkoms en intensiteit van siektes op al die gewasse te bepaal en om 4) aan die einde van die ondersoek die winsgewendheid van die verskillende wisselboustelsels te vergelyk. Resultate van vier somer- en drie winterseisoene is as volg: Wisselbou het 'n betekenisvolle invloed op die opbrengs van mielies getoon (gemiddelde opbrengs 10 102 kg ha-1). Die opbrengs van mielies in die eenjarige canola-mieliestelsel was 18% laer en dié van mielies na canola in die canola-mielies-koring-mieliestelsel, 12% laer as die opbrengs van mielies in die canola-grondboon-koring-mieliestelsel. Die opbrengs van mielies in die eenjarige koringmieliestelsel was 9% laer as dié van mielies in die twee-jaarstelsels waar beide canola en grondbone ook deel van die wisselboustelsel was. Grondboonopbrengste (gemiddeld 3 991 kg ha-1) is ook deur wisselbou beïnvloed. Soos by mielies, was die opbrengs van grondbone die hoogste in die mees gewas-diverse tweejaarstelsel. Die opbrengs van grondbone na canola was 14% laer as dié van grondbone na koring en 9% laer as dié van grondbone na gars. Canola-opbrengste wat van 872 tot 3 142 kg ha-1 gevarieer het en is deur die voorafgaande gewas beïnvloed. Die opbrengsrangorde van die canola volgens die voorafgaande gewas het egter van seisoen tot seisoen verander. Garsopbrengs is nie deur stelsels beïnvloed nie (gemiddelde opbrengs 6 487 kg ha-1). Koringopbrengs (gemiddeld 5962 kg ha-1) is deur die gewasstelsel beïnvloed. Die opbrengsrangorde van die koring volgens gewasstelsels het gevolglik van seisoen tot seisoen verander. Oor seisoene is die aalwurm-bevolking in die grond deur wisselbou beïnvloed maar die redes vir die wisselvalligheid van getalle in die wortels is onduidelik. Verskille in aalwurmgetalle tussen die verskillende veranderlikes was egter laag. Mielie-streepsiekte het gedurende een seisoen voorgekom en enkele koringplante het wortelvrotsimptome in 'n tweede seisoen getoon. Geen siekte is op enige van die ander gewasse waargeneem nie. 5.17a Mnr PJA Lombard Die doel van die projek is die evaluering van canolacultivars om die bes aangepaste cultivar vir spesifieke areas te bepaal met die hoogste potensiële olieinhoud. Dit het tweedens ten doel om canola as wisselbou- en proteïengewas te bemark. Volgens beraming is daar ongeveer 32000 ha canola gedurende die 2007 seisoen in die Wes- en Suid-Kaap aangeplant. Klimaatstoestande tydens die 2007 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland. Dele het tydens die begin van Junie buitengewoon baie reën ontvang. Gevolglik het 3 proewe versuip nl Grasrug (Malmesbury), Voëlvlei (Piketberg) en Poskantoor (Porterville). In die Suid-Kaap het redelike goeie vog voorgekom en al die proewe met die uitsondering van Mosselbaai (wortelsiektes) en Swellendam (ruitrugmot skade aan peule) is geoes. In die Suid-Kaap het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.5 ton/ha by Tygerhoek (laat saaidatum) tot 2.36 ton/ha by Riversdal. Daar was 'n 12% verskil in opbrengs tussen die vroeë (30 April) en laat saaidatum (25 Mei) by Tygerhoek. Dit is kleiner as in vorige jare en kan toegeskryf word aan onder gemiddelde temperature. Die gemiddelde opbrengs van "Clearfield (CI)" en Triasien tolerante (TT) cultivars was onderskeidelik 10% en 15% laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars. Muster, Hyola 61 en Opal was gemiddeld die beste produseerders en het almal meer as 2.1 ton/ha saad geproduseer. In die Suid-Kaap was daar dus min verskil tussen die beste 8 cultivars. Groter verskille het by die TT-cultivars voorgekom met Thunder (1.97 ton/ha) as die top produseerder in sy groep. Twee Cl-cultivars was bo-aan die Cl-lys naamlik die baster 45Y77 (1.95 ton/ha) en 44C73 (1.92 ton/ha). In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2.04 ton/ha (Langgewens 2) tot 2.91kg/ha by Darling. Die eerste aanplanting by Langgewens 1 (8 Mei) was 18% beter as die tweede aanplanting. Die opbrengsresultate in die Swartland korreleer baie goed met die vegetatiewe groei. Die koeler weer het die plante toegelaat om hul potensiaal te bereik. Die Cl-cultivars het gemiddeld net 1% swakker gevaar as die konvensionele cultivars. Die "Clearfield" cultivar 45Y77 (baster) was die tweede beste cultivar in die Swartland (2006 en 2007) en het die gemiddelde van die Cl groep baie bevoordeel. Die TT-cultivars se produksie was onderskeidelik 30% en 29% swakker as die konvensionele en Cl-groepe. In die Swartland was die baster 44Y06 (3.15 ton/ha) by 3 van die 4 lokaliteite in die Swartland die top produseerder. Die cultivar in die tweede plek was die "Clearfield" baster 45Y77 (3.07 ton/ha). Hulle is gevolg deur 3 cultivars wat almal bo 2.8 ton/ha geproduseer het naamlik, Opal, 44C11 en Jade. Die groot verskil tussen vroeg en later saai by Langgewens is 'n verskynsel wat jaarliks voorkom. Dit onderstreep die feit dat laat plant 'n groot risiko inhou. Die konvensionele cultivars gee gemiddeld die hoogste opbrengs, maar het minder opsies vir die beheer van onkruid. In 2006 en 2007 is vir die eerste keer 'n cultivar in die "Clearfield" groep aangeplant wat kompeteer met konvensionele cultivars. 5.17b Cultivarevaluering van olie- en proteïensade in die winterreënstreek – lupiene Die doel van die projek is die evaluering van Lupien cultivars om die bes aangepaste cultivar vir spesifieke areas te bepaal. Dit het tweedens ten doel om lupiene as wisselbou- en proteïengewas te bemark. Volgens beraming is daar ongeveer 14 000 ha soetlupiene gedurende die 2007 seisoen in die Wes- en Suid-Kaap aangeplant. Klimaatstoestande tydens die 2007 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland. Dele het tydens die begin van Junie buitengewoon baie reën ontvang. Gevolglik het die tweede saaityd by Langgewens versuip. In die Suid-Kaap het redelike goeie vog voorgekom en al die proewe met die uitsondering van Mosselbaai (bosbok skade) is geoes. Tien lyne met die potensiaal om as moontlike cultivars geregistreer te word is die afgelope seisoen in die cultivarproewe geëvalueer. Die saad opbrengs in die Swartland het gewissel van 1.6 ton/ha (Eendekuil) tot 2.84 ton/ha (Philadelphia). Die tweede aanplanting by Langgewens moes ongelukkig afgeskryf word weens versuiptoestande en wortelsiektes. Bruinblaarvlek het by Hopefield soos in 2006 voorgekom en veral CED 6150 en HE16 sodanig geïnfekteer dat geen opbrengs van die cultivars verkry is nie. Die 3 lyne wat die beste gevaar het was 42 (2.65 ton/ha), 35 (2.49 ton/ha) en 36 met 2.45 ton/ha. Mandelup (2.39 ton/ha) was soos in 2006 die beste cultivar gevolg deur Quilinock (2.14 ton/ha) en Tanjil (1.94 ton/ha). Slegs 2 van die lyne het 'n laer gemiddelde opbrengs as Tanjil gehad. Weens skade (ystervarke) op Eendekuil aan die cultivars CED 6150 en HE 16 kon hul data nie ingesluit word nie. Op Tygerhoek het die tweede proef (saaityd 25 Mei, 1.78 ton/ha) gemiddeld oor die twee honderd kilogram per ha meer as die eerste aanplanting (30 April, 1.57 ton/ha) geproduseer. In die Suid-Kaap was die smalblaar cultivar Mandelup (2.36 ton/ha) gemiddeld die beste cultivar. Quilinock (1.96 ton/ha) was soos in 2006 die tweede smalblaar cultivar gevolg deur Tanjil (1.78 ton/ha). Sewe lyne het egter beter gevaar as die tweede beste smalblaar cultivar, Quilinock. Die lyne 24 (2.23 ton/ha) en 25 (2.15 ton/ha) was tweede en derde na Mandelup. Verskeie lyne toon dus potensiaal. Die beste lyne in die Swartland (42, 35 en 36) en in die Suid-Kaap (24, 25 en 16) was nie dieselde lyne nie. Hierdie lyne sal vir die volgende jaar nog geëvalueer word om die bestes te identifiseer as moontlike cultivars. 5.18 Dr MB Hardy Die doel van hierdie studie is om die kort- en langtermyneffekte te bepaal vir agt van die mees toepaslike gewasse en gewas / weiding wisselboustelsels met betrekking tot: gewasopbrengs; onkruidbeheer; siekteonderdrukking; grondproduksiepotensiaal; skaapproduksie en ekonomies volhoubare grondgebruik in die Swartland. Geen betekenisvolle reënval is gedurende Februarie en Maart aangeteken nie. Die eerste betekenisvolle reënval het op die 26ste April geval (25.6mm). 'n Totaal van 333mm betreklik volgehoue reënval is gedurende die tydperk April tot die middel van Oktober aangeteken. Beskikbaarheid van vog was dus hoog vir die grootste gedeelte van die groeiseisoen en die warm droë periodes wat bale keer voorkom het nie plaasgevind nie. Gemiddelde maksimum daaglikse temperature het gewissel tussen 11 en 21ºC vir die grootste gedeelte van die groeiseisoen. Uitstekende koringopbrengste en gemiddelde canola- en Iupienopbrengste is vir die seisoen verkry. Die gemiddelde opbrengs van die lupiene was beduidend hoër as die van canola. Canola- en lupienproduksie Die TT-canolacultivar ATR Stubby is geplant om die kanse te verhoog op die beheer van onkruiddoderweerstandbiedende raaigras op die proefpersele. Canola en lupiene (Tanjil) is op die 1ste en die 8ste Mei onderskeidelik geplant. Saailingdigthede vir canola en lupiene (54 en 51 saailinge m²) was hoër as verwag, wat dui op 'n beter saailingoorlewing as wat vooruitgeskat is. Die bestuursprotokol soos ontwikkel deur die Tegniese komitee is gevolg, maar aangepas gedurende die seisoen soos vereis deur die wisselende klimaatstoestande. Gunstige klimaatstoestande het hoër opbrengspotensiaal tot gevolg gehad. Canola en lupiene is aan die einde van Oktober geoes. Soos in die vorige seisoene, was canolarypwording en "gereedheid" vir oes uiters veranderlik en ongelyk. Elke canolakamp is dus ook voor oes gemonster ten einde skattings van opbrengspotensiaal daar te stel. Canola opbrengste verkry gedurende oes ("direk"), het gewissel van 628 kg/ha tot 1582 kg/ha met 'n gemiddelde opbrengs vir canola van 1103 kg/ha. Daar was betekenisvolle verskille tussen die gemiddelde opbrengste, geskatte opbrengspotensiaal en werklike opbrengs. Die gemiddelde verskil in saad verlies van 38% is waargeneem oor alle persele en die gemiddelde (geskatte) opbrengspotentiaal was 1780 kg/ha. Gegewe dat die gemiddelde opbrengs van koring in al die koringpersele 4396 kg/ha was, was die canolaopbrengs laag, naamlik 25.1% van die koringopbrengs. 'n Interessante feit is dat die geskatte obrengste toon dat canola wat medicweiding in die siklus opvolg, 'n hoër produksie het as canola wat koring of lupiene opvolg. ATR Stubby het groot verliese in opbrengs getoon te wyte aan swartstam omval, wat die oesproses bemoeilik het. Gemiddelde Iupienopbrengs in al die persele was 1320 kg/ha. Daar was geen verskille in die opbrengs tussen persele of gewasopeenvolgings nie, wat 'n soortgelyke Iupienopbrengs vir die verskillende stelsels aandui. Gemiddelde ruproteïeninhoud van Iupiensaad was 28.5%, wat gewissel het van 27.4 tot 29.1%. Ekonomie Alle data, soos vereis om inkomste en uitgawebegrotings vir elk van die 48 kampe te bereken, sal met die finansiële pakket wat deur die Departement van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel word, bereken word sodra die program beskikbaar is. Algemeen Die canolacultivar ATR-Stubby sal vervang moet word, aangesien die skielike hoë voorkoms van swartstam op die canola die opbrengs en dus die prestasie van canola opvallend benadeel het. 5.19 Die doel van hierdie studie is die bepaling van die kort- en langtermyn effek op 'n aantal van die mees lewensvatbare kort-, lang- en gewas / weiding wisselboustelsels op gewasopbrengs, onkruidbeheer, siekte onderdrukking, grond produksie potensiaal, skaapproduksie en die ekonomiese volhoubaarheid van grondgebruik in die Suid-Kaap. Die jaar 2007 was die 6de jaar van produksie. Die proef behels twee hoofkomponente naamlik: kortrotasiestelsels wat op Tygerhoekproefplaas naby Riviersonderend getoets word en langrotasiestelsels wat op plase in die Riversdal- en Swellendamdistrikte onderskeidelik getoets word. Let net op dat 2007 die 1ste jaar van die 2de 5 jaar siklus van wisselbou is op die Riversdal en Swellendam lokaliteite. Al drie die proef lokaliteite is suksesvol gevestig en bestuur volgens die beplande protokol. Koring was die enigste gewas wat gevestig is op Swellendam en op Riversdal is koring en canola gevestig. Die redes hiervoor is vervat in proef protokol. Die laat somer en vroeë herfs reën (voor plant) was baie gunstig by al drie lokaliteite met die gevolg dat die vog vlakke van die grond baie voordelig was. Die daaglikse maksimum temperature was ook baie gunstig vir produksie. Hierdie voordelige omstandighede het bykans die hele groeiseisoen voorgekom. Swellendam het egter 'n droë periode tussen Augustus en Oktober ondervind, met die gevolg dat daar 'n dramatiese afname in die opbrengs was in vergelyking met die mid-seisoen potensiaal. Canola produksie Op Riversdal is canola (Comet) ingesluit as die eerste gewas wat volg op lusern in twee van die gewas volgordes wat getoets word. Dit maak dit moontlik om twee keer (jaar 1 en jaar 5) canola te oes binne die 5 jaar kontant gewas fase voordat lusern weer hervestig word. Die saaidigtheid was 3 kg/ha en elke perseel het 39 kg N/ha as bemesting ontvang: 15 kg N/ha met plant en 24 kg N/ha as topbemesting. Op Tygerhoek is die cultivar ATR Stubby geplant op 7 Mei 2007 teen 'n saaidigtheid van 3.8 kg/ha. Die gewas het ook bemesting soos volg met plant ontvang: 20 kg N/ha, 15 kg P/ha en 10 kg S/ha. Simazol was ook met plant toegedien onder gunstige grondvog toestande. Slegs een topbemesting is toegedien gedurende die seisoen. Onkruid- en plaagbeheer is toegedien by beide lokaliteite soos benodig. Canola opbrengs op Riversdal was uitstekend en het gewissel tussen 2000 kg/ha en 2500 kg/ha. Dit wys duidelik op die potensiële voordeel daaraan verbonde om canola in die eerste jaar na lusern te plant in die Riversdal vlakte gebied. Die gemiddelde canola opbrengs oor alle persele op Tygerhoek was 1466 kg/ha. Hierdie opbrengs is aanvaarbaar in vergeleke met die opbrengs-verwagting van die streek. Interessant was dat die gemiddelde opbrengs van canola na 'n peulgewasweiding (1724 kg/ha) sowat 500 kg/ha meer was as die gemiddelde opbrengs na kontant gewasse (1208 kg/ha). Die gemiddelde olie inhoud van die saad (soos bepaal deur die SSK fasiliteit op Swellendam) was onderskeidelik 43.5% en 37.5% vir Riversdal en Tygerhoek. Lupienproduksie Lupiene was nie op die Riversdal of Swellendam persele geplant nie. Op Tygerhoek is die cultivar Tanjil geplant. Lupien opbrengs was baie hoër as in 2006. Die gewas het goed ontwikkel gedurende die seisoen en dit het geblyk dat daar genoegsame vertakkings en blomme per tak voorgekom het. Die gemiddelde opbrengs oor al 4 persele was 1901 kg/ha. Die %RP (gemid = 28.5%) het nie gewissel tussen persele nie, wat dui daarop dat die gewasvolgorde in die vorige seisoen nie 'n effek gehad het op hierdie parameter nie. Alle data, soos vereis om inkomste en uitgawebegrotings vir elke perseel van elke lokaliteit te bereken, sal met die finansiële pakket wat deur die Departement van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel word, bereken word sodra die program in middel 2008 beskikbaar is. 5.20a Mnr IFV Slabbert Vier boere in die Moorreesburg, vier boere in die Piketberg / Porterville en vyf boere in die Malmesbury / Durbanville gebiede het ingeskryf. Die afname in die gereelde deelnemers van die kompetisie in die Moorreesburg en Piketberg / Porterville gebiede is as gevolg van die lae Canolaprys tot Koringprys. Canolaverbouing in hierdie gebiede is ook meer riskant en die deelnemers wat nie meer Canola wil saai beweer die Canola-opbrengste is nie goed genoeg nie. Gedurende April het dit maar min gereën, behalwe in die Rooikaroo noord van Piketberg waar vroeë donderbuie uitgesak het. Daar het dus van die produsente in hierdie gebied vroeg begin plant. Dit het egter goed gedurende Mei gereën en die res van die boere het al hulle Canola en koring gesaai. Die gesaaide Canola was nooit onder vogstres vanaf saai. Daar kon egter eerder versuip toestande voorkom. 5.20b Die bevordering van canola as 'n wisselbougewas binne 'n bewaringsboerdery-stelsel in die droëland saaigebied van die Suid-Kaap, deur middel van 'n produsente-kompetisie Mnr C van Rooyen Die kompetisie het vanjaar 22 deelnemers gehad. Die probleme met isopoda het egter 'n paar laat uitval. Die produsente wat jaarliks deur isopoda geteister word is moedeloos en soek antwoorde. Die koolsnuitkewer in die canola maar veral op die Crambe aanplantings word verder ondersoek deur die Departement Landbou Wes-Kaap. Die swak weer tydens oes het produsente 'n ander voordeel van canola gewys toe canola in die klam oggende geoes kon word terwyl die ander grane se vog te hoog was. Opbrengste van die beste derde deelnemers het vanjaar weer die hoogte punt van 2003, 1.9 ton/ha bereik. Die goeie prys van canola teenoor veral gars sal 'n uitbreiding van oppervlakte tot gevolg hê in 2008. Die beter cultivars wat nou vinniger in die handel kom mag die terughou van saad verminder. Die marges wat canola vanjaar behaal het maak dit 'n wesentlike deel van enige wisselboustelsel. 5.21 Prof GA Agenbag Veldeksperimente wat gedurende die periode 2005 tot 2007 op Langgewens- Elsenburg-, Welgevallen- en Roodebloem Proefplase met toenemende N-peile (0 tot 120 kg N ha-1) gedoen is, toon dat die reaksie van canola teenoor N bemesting grootliks verskil oor jare en lokaliteite as gevolg van verskille in klimaatstoestande, opbrengspotensiale, N-lewering deur die grond en loging. Hoewel opbrengste op verskeie lokaliteite betekenisvol verhoog is deur toenemende N-peile, het optimum toedieningspeile grootliks verskil en was die agronomiese effektiwiteit van die toedienings by maksimum opbrengste dikwels minder as 4 kg opbrengsverhoging vir elke kg N toegedien. Plantontledings wat op Langgewens en Roodebloem op 90 dae na plant gedoen is, toon uitermate hoë Na-inhoude op beide lokaliteite. Hierdie bepalings sal egter op meer lokaliteite en jare uitgevoer moet word om te bepaal of die Na-inhoud enige nadelige invloed op opbrengs en kwaliteit het. Grondchemiese ontledings wat met planttyd uitgevoer is, toon baie lae inhoude van Boor en Swael op beide lokaliteite. Aangesien beide elemente baie belangrike voedingstowwe vir die suksesvolle produksie van canola is, sal die effek van bemesting met hierdie elemente in verskillende produksie gebiede verder nagevors moet word. 5.22 Navorsing wat gedurende 2007 gedoen is het gefokus op die reaksie van verskillende canola cultivars teenoor toenemende soutkonsentrasies in potproewe en onder veldtoestande. Potproewe wat met 12 verskillende cultivars uitgevoer is, het getoon dat die ontkieming en opkom van die meeste cultivars benadeel is deur 'n EC van 8 dS m-1, maar dat die groei van oorlewende saailinge nie benadeel is. Hoewel die finale ontkieming en persentasie opkom van die cultivars Spectrum, Tornado en Hyola 61 nie betekenisvol verlaag is deur 'n toename in EC van 0 tot 8 dS m-1, is die tempo van groei van Spectrum gedurende die saailing stadium, in teenstelling met Tornado en Hyola 61, nie benadeel nie. Aangesien die reaksie teenoor verskillende soutkonsentrasies mag verskil tussen verskillende groeistadiums, beteken dit egter nie noodwendig dat Spectrum 'n hoër graanopbrengs onder sodanige toestande sal lewer nie. Cultivar proewe wat deur die Departement Landbou WesKaap uitgevoer is, het egter getoon dat Spectrum baie goed presteer op lokaliteite met 'n hoë grond EC (lae weerstand). Meer navorsing is egter nodig alvorens finale gevolgtrekkings rakende die reaksie van Spectrum en canola in die algemeen teenoor braktoestande gemaak kan word. 5.23 Dr SC Lamprecht Rhizoctonia anastomose groepe (AGs) wat met canola en lupien in wisselboustelsels in die suidelike en westelike produksie areas in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika geassosieër word, is gedurende 2007 herwin en geïdentifiseer deur die basispaarvolgorde bepaling van die rDNA te gebruik. Vier wisselbouproewe is in die studie ingesluit, met twee elk by die Tygerhoek (Suid-Kaap, Riviersonderend) en Langgewens (Wes-Kaap, Moorreesburg) proefplase. Vier bewerkingspraktyke "zero" (Planter plaas saad met bykans geen grondversteuring), geen (Gebruik 'n pen-planter wat grond versteur slegs tot diepte van 100mm), minimum (Werk grond met 'n "scarifyer" tot maksimum van 150mm en plant met pen-planter) en konvensionele bewerking (Dis en/of ploeg tot 200mm en plant met 'n penplanter) is ook in een van die proewe by elk van die twee lokaliteite, ingesluit. Canola aangeplant na gars, medic/klawer mengsel en koring, en lupien aangeplant na gars en koring is tydens die saailing-, middelseisoenen saadpeul-groeistadiums versamel. 'n Totaal van 298 isolate waarvan 72.8% binukleêre en 27.2% multinukleêre Rhizoctonia isolate was, is verkry. Die mees algemene binukleêre AG was AG-I (30.9%), gevolg deur AG-K (23.8%), AG-A (10.7%) en AG-Bo (7.4%). Die mees algemene multinukleêre AG was AG-2-1 (15.4%) gevolg deur AG-2-2 (7.7%) en AG-11 (4.0%). Al die AGs is vanaf beide Langgewens en Tygerhoek verkry. Wisselbou het die voorkoms van die indiwiduele AGs sowel as die binukleêre en multinukleêre Rhizoctonia groep beïnvloed. AG-2-1 is slegs vanaf canola en AG-11 slegs vanaf lupiene geïsoleer. Betekenisvolle hoër voorkomste van die binukleêre groep is op lupiene as canola in proewe 2 en 4 aangeteken, en betekenisvolle hoër voorkomste van die multinukleêre groep op canola as lupiene in dieselfde proewe. Bewerkingspraktyke het nie die voorkoms van Rhizoctonia AGs by Tygerhoek beïnvloed nie, maar by Langgewens is die binukleêre Rhizoctonia groep meer dikwels van plante van die konvensionele bewerkings behandeling en AG-2-1 meer dikwels vanaf die "zero" as die geen bewerking en minimum bewerkings behandeling persele verkry. Voorkoms van Rhizoctonia AGs was in die algemeen hoër aan die begin en einde as gedurende die middelseisoen. Hierdie studie bevestig resultate verkry in 2006 dat belangrike Rhizoctonia AGs soos AG-2-1, 2-2 en 11 voorkom in beide die suidelike en westelike produksie gebiede in die Wes-Kaap provinsie en dat wisselbou die voorkoms van Rhizoctonia AGs beïnvloed. 5.24 Dr G Tribe 'n Proef, om te bepaal of die verliese aan canola saailinge veroorsaak word deur naakslakke en isopoda, en of dit vermy kan word deur later te plant en slakpille op die korrekte tyd toe te dien, is in vier afsonderlike gebiede in die Caledon distrik uitgevoer. Die proefontwerp was 'n gesplete perseel met twee plantdatums as hoofpersele en vier behandelings nl. kontrole, twee afsonderlike toedienings van slakpille en een toediening van insekdoder. Elke perseel, met vyf melthoid lokvalle, is weekliks gemoniteer vir die aantal organismis onder elke lokval, asook die aantal saailinge in die vier areas (1 x 0.5m) binne elke perseel. Daar was feitlik 'n volkome verlies aan saailinge in drie van die persele waar saailinge nie opgekom het nie, en hierdie verliese kan aan isopoda voeding by die ontkiemende sade onder die grond, toegeskryf word. Die vierde perseel het 'n verlies van 15-20% van die saailinge getoon as gevolg van slakke, aangesien isopodas weens die uitermate nat grond nie teenwoordig was nie. Alhoewel die 10 permanente melthoid lokvalle in die Roodebloem weiveld 'n 1.5 voudige toename in die getal isopodas en 'n 17 voudige toename in slakke, vergeleke met die vorige jaar, getoon het, kan die verliese aan isopodas toegeskryf word. Slakke is in vier klasse gegroepeer en die meerderheid was in die "klein" en "medium" klasse met relatief min in die "heel klein" klas. Dit dui daarop dat die jonger slakke van die vorige jaar, die droë somer maande tydens November en Desember van 2006 oorleef het. Weens die onreëlmatige reënval wat gedurende 2007 ondervind is, het vroeë en laat aangeplante canola soortgelyke verliese tot gevolg gehad. Drie slakpil formulasies is getoets en almal was hoogs effektief om slakke aan te lok en te dood. Die karbariel-metaldehied kombinasie het ook 100% van die isopodas en alle ander insekte, insluitende voordelige predatore, gedood. Die slakke is van Mediterreense oorsprong en kan beheer word deur oordeelkundige gebruik van slakpille, maar die tyd en aantal toedienings moet nog akkuraat bepaal word. Daarteenoor is die isopodas inheems en vorm 'n integrale deel van die verrottingstelsel van stoppels in bewaringsboerdery. Die klem moet hier geplaas word op die beskerming van die saad en saailinge vir die 14-dae-periode wanneer hulle kwesbaar is vir aanval. Toekomstige proewe sal op saadbehandelings konsentreer. Voortgesette ondersoeke na die insekplae van canola toon dat alle plantmonsters geïnfesteer met die plantluis Brevicoryne brassicae, 100% geparasiteer was deur die braconid parasiet Diaretiella rapae. Twee verskillende plantluis spesies was teenwoordig op die alomteenwoordig Europese onkruid Sonchus asper en is nie geparasiteer nie. Dit dui daarop dat S. asper nie die plantluis plaag of die parasiet huisves nie, en is daarom nie 'n voedingsbron van die canola plantluis of die parasiet nie. Vier parasiet spesie van die ruitrugmot is vanaf monsters opgespoor, maar slegs een spesies, Diadegma mollipla, is verantwoordelik vir feitlik al die parasitering. Laasgenoemde is verantwoordelik vir 30% van die geparatiseerde mot larwes deur alle parasiete gekombineer. Daar was 'n 100% infestasie van die stingels van Crambe deur die kool stamkalander Ceutorhynchus pallidactylus en 'n 68% infestasie by canola stingels. Dit wil dus voorkom asof die kalander 'n enkel generasie per jaar het en dat hulle papies oorsomer in die grond. 'n Nuwe kewer plaag van canola is ontdek, maar het eers aktief geraak nadat meeste canola plante in windrye platgesny was en vir hierdie rede kom dit nie voor as 'n ernstige plaag nie. Alhoewel baie klein, kom hulle in groot getalle voor en het die potensiaal om die bogrondse dele waarop hulle voed, te vernietig. Laasgenoemde is deur Dr Biondi van Italië, deur bemiddeling van die LNR-NIPB se Nasionale Versameling van Insekte, as Phyllotreta mashonana, geïdentifiseer. 5.25 Prof RM Gous Die twee mees algemeen gebruikte braaikuiken-genotipes in Suid-Afrika, naamlik die Cobb en Ross, reageer uiteenlopend op dieëtproteïen. Die belangrike vraag wat hieruit voortspruit, is hoe voere ontwikkel moet word om die twee genotipes se prestasie te optimiseer? Dit is duidelik dat die voer wat een genotipe se prestasie sal optimiseer, waarskynlik nie dieselfde vir die ander genotipe sal doen nie. In opvolging van verlede jaar se studie is die reaksie op 'n reeks dieëtproteïenpeile gemeet. Tydens die huidige proef is egter vier bloedlyne gebruik, wat tot 15 weke ouderdom eerder as slegs ses weke ouderdom uitgegroei is. Weereens is daar, benewens die bepaling van konvensionele produksie-veranderlikes soos gewigstoename en voeromset, ook bepalings gedoen van die gewig van liggaamsdele van monster-groepies braaikuikens wat weekliks geslag is. Liggaamsdele is uiteindelik opgemaal ter voorbereiding vir chemiese analise. Die allometriese verband tussen die gewig van liggaamsdele en liggaamsproteïen van Cobb-, Hybro- en twee Ross-genotipes, wat drie proteïenpeile in die dieët ontvang het, is deur regressie analise bepaal (regressie van liggaamsdele se gewig teen die liggaam se proteïengewig by 'n bepaalde slagtyd). Soos in die vorige studie het die vier genotipes en twee geslagte bykans dieselfde verwantskappe tussen liggaamsproteïengewig en die spiergewig van die bors, dy, boud en vlerk geopenbaar, wat daarop dui dat die ligaamsamestelling van braaikuikens nie deur genetiese seleksie verander is nie. Dus kan verslae van verskille in borsspier tussen genotipes waarskynlik eerder toegeskryf word aan die feit dat die braaikuikens by verskillende stadiums van volwassenheid of by verskillende grade van liggaamsvet vergelyk is. In ooreenstemming met die vorige proef het lae dieëtproteïenpeile die swaarste liggaamsdele ten gevolg gehad by 'n bepaalde liggaamsproteïengewig, in vergelyking met hoër peile dieëtproteïen. Aangesien die hoeveelheid liggaamsvet wat neergelê word in omgekeerde verband staan tot die dieëtproteïenpeil, kan daar verwag word dat laer proteïenpeile sal lei tot swaarder liggaaamsdele by dieselfde proteïengewig. Gevolglik is 'n verdere proef aan die gang gesit om die tempo van vetneerlegging in elk van die liggaamsdele te bepaal wanneer lae proteïendiëte gevoer word. Die slotsom van hierdie navorsing is dat verskille in die doeltreffendheid van dieëtproteïenverbruik deur die mees algemeen gebruikte braaikuikengenotipes in Suid Afrika nie aan verskille in die groeitempos van die verskillende liggaamsdele toegeskryf kan word nie. Genetici van die verskillende teeltmaatskappye het verskillende seleksiekriteria gebruik om prestasie in die onderskeie genotipes te verbeter, en die uitdaging is om hierdie verskille sodanig te beskryf dat simulasiemodelle gebruik kan word om die biologiese en ekonomiese optimum proteïen-inhoud (aminosuur-inhoud) vir elke genotipe se dieët te bepaal. 5.26 Dr M Ciacciarello en Prof RM Gous Akkurate ontleding van aminosure in grondstowwe en voer is noodsaaklik vir die veevoerbedryf. Die mate waartoe 'n veevoer aan die aminosuurbehoeftes van enige plaasdier kan voldoen hang grotendeels af van die samestelling daarvan, wat weer 'n funksie is van die korrekte evaluering van die bestanddele se voedingswaarde. Oor die laaste aantal jare was daar 'n toename in die gebruik van nabye infrarooi spektroskopie (NIRS) om grondstowwe en voere te ontleed. Daarteenoor is kalibrering van hierdie toerusting 'n komplekse proses wat bepalend is vir die akkuraatheid van ontledingsresultate. Hierdie tegnologie het bepaalde voordele teenoor die konvesionele chemiese ontledings, hoofsaaklik weens die (korter) tyd wat nodig is om ontledingsresultate te verkry. Alhoewel die aankoopkoste van hierdie toerusting as 'n nadeel beskou kan word, raak die instrumente met verloop van tyd tog meer bekostigbaar. As die voordele en besparings weens gebruik van hierdie tegnologie voorts in aanmerking geneem word, kan die aanvanklike investering geregverdig word. Ontledingsmonsters van vismeel, mielies, sorghum, volvet soja, soja oliekoek en lupiene (onderskeidelik 118, 106, 217, 152, 112 en 57 in getal) is versamel. Die monsters is ontleed vir die konsentrasies vog, ruproteïen, ruvet, as, bruto energie, skynbaar verteerbare energie (SVE, oftewel "AME"), totale en verteerbare aminosure. Die ontledingsresultate is vervolgens gebruik om die kalibreringskurwes te ontwikkel wat uiteindelik gebruik kan word om die ontleding van aminosuurkonsentrasies in grondstowwe en veevoer te bespoedig, asook om die verteerbaarheid van aminosure te bepaal. Twintig ontledingsmonsters van elke gronstof is geselekteer om gelyke konsentrasie-intervalle van proteïen te verteenwoordig. In vismeel se geval was die lisien konsentrasiereeks 4.4 – 5.8%, en die proteïeninhoud het tussen 56.9% en 71.0% gewissel. Die mielies se lisieninhoud was tussen 0.21% en 0.42%, en die proteïeninhoud tussen 5.25% en 13.25%. Vir sorghum was die proteïenkonsentrasie tussen 5.76% en 16.67%, terwyl die lisieninkonsentrasies van hierdie grondstof nog afgewag word. Volvet soja se lisienkonsentrasie was tussen 2.24% en 2.68%, terwyl die proteïeninhoud daarvan tussen 36.04% en 41.58% was. Soja oliekoekmonsters het tussen 2.4% en 3.4% lisien bevat, met proteïenkonsentrasies tussen 39.8% en 49.4%. Lupiene se lisienkonsentrasies was tussen 1.53% en 1.84%, en proteïenkonsentrasies tussen 28.1% en 37.6%. Nadat die grondstofmonsters aanvanklik met konvensionele natchemie ontleed is, is die monsters met 'n FOSS NIR sisteem getoets. Elke monster is twee maal deur die sisteem geskandeer terwyl dit nog op natuurlike vogbasis was, om duplikaat ontledingsresultate te verkry. Vervolgens is die monsters gedroog en elkeen is weer twee maal geskandeer om duplikaat ontledingsresultate op vogvrye basis te verkry. Kalibreringswaardes is toe teen die bekende chemiese ontledingswaardes uitgestip, op natuurlike vog– sowel as vogvrye basis. Kalibreringskurwes wat vanaf die skandering van vogvrye monsters verkry is, het groter akkuraatheid getoon as die vergelykbare kurwes afkomstig van natuurlike vogbasis-skanderings. Baie goeie kalibreringsresultate is verkry vir vismeel (proteïen, lisien, "AME", vet, en as) sowel as vir sorghum. Minder robuuste kalibrerings is in die geval van die ander grondstowwe behaal, maar daar word verwag dat dit sal verbeter namate meer monsters ontleed word. Tans word daar nog gekalibreer aan die verteerbare aminosure en metaboliseerbare energie (ME) van die verskillende proteïenbronne. 5.27 Dit is moeilik om die hoeveelheid energie voor te skryf wat daagliks aan braaikuiken teelhenne toegewys moet word, aangesien energiebehoeftes wissel na gelang van verandering in eierproduksie en omgewingstemperatuur. Weens die stelsel van gekontroleerde (beperkte) voeding wat toegepas word, het braaikuiken teelhenne nie die geleentheid om voerinname te verhoog namate temperature daal nie, 'n meganisme wat andersins gebruik sou word om stygende energiebehoeftes mee te bevredig. Wanneer die omgewingstemperatuur daal, moet die hoeveelheid voer of energie wat verskaf word aldus aangepas word, wat daarop neerkom dat modelle vir lêhenne op volvoeding nie op braaikuiken teelhenne van toepassing is nie. 'n Eksperiment is ontwerp waarvolgens 288 Cobb teelhenne van 44 weke oud vir 'n periode van 12 weke lank in ses omgewingsbeheerde kabinette gehuisves is. Sodoende kon die uitwerking van temperatuur op die prestasie van braaikuiken teelhenne bestudeer word, terwyl vasgestelde hoeveelhede voedingstowwe (met die uitsondering van energie) daagliks gevoer is. Voorts is daar ondersoek ingestel na die wyse waarop braaikuiken teelhenne die metaboliseerbare energie (ME) in die daaglikse dieet toedeel (kanaliseer) wanneer omgewingstemperatuur daal. Eierproduksie het liniêr gedaal oor die hele reeks van temperature wat bestudeer is toe die henne voer met onderskeidelik 11.9, 10.5 en 9.7 MJ ME/kg ontvang het, wat daarop dui dat die henne toenemende hoeveelhede dieëtenergie vir onderhoud gebruik het namate temperatuur gedaal het, wat dus minder energie vir produksie oorgelaat het. Daarteenoor het henne wat voer met 12.9 MJ ME/kg (2 000 kJ/d) ontvang het by alle temperature hul prestasie gehandhaaf. Lae temperature het geen uitwerking op die eierproduksie van lêhenne wat ad libitum gevoer word nie, maar wanneer energie-inname beperk word (soos wat die geval was met die braaikuiken teelhenne op die laer energie-toewysings), moet energietoedeling (deur die henne) verander. Die mees waarskynlike scenario is dat die tempo waarteen henne eiers lê verlaag sal word om die hoër energiebehoefte te bevredig. Dit blyk uit hierdie studie dat braaikuiken teelhenne wat 'n vaste daaglikse toewysing van dieëtenergie ontvang het hul eier-uitset sal verminder wanneer 'n energietekort dreig, wat gepaard gaan met 'n styging in die liggaamsvetreserwes wanneer dieëtproteїen voldoende is, weens die deaminering van proteїen wat nie vir eierproduksie aangewend word nie. Die ekstra energie wat tydens koue vir termogenese benodig word bedra 1.0 kJ ME/kg W. °C, wat by die onderhoudsbehoefte van braaikuiken teelhenne getel moet word vir omgewingstemperature benede ongeveer 18°C. 5.28 Die grootmaak van braaikuikens op 6-h ligperiodes, met oordrag na 23 h lig teen 21 dae ouderdom, lei tot laer mortaliteit en minder beenafwykings, sonder dat eindgewig of doeltreffendheid van voeromset nadelig geraak word. Daarteenoor skryf huidige welsynsriglyne vir braaikuikens in baie lande 'n minimum ligperiode van 8 h voor, terwyl daar na alle waarskynlikheid in die toekoms 'n minimum 8 h van ononderbroke donkerte voorgeskryf sal word. In opvolging van die navorsing waaroor verlede jaar verslag gedoen is, is die reaksie gemeet van haantjies van twee braaikuiken genotipes wat blootgestel was aan konstante 8- en 16-h ligperiodes, asook waar daar 'n skielike oorgang was van 8 na 16 h lig by 10, 15 of 20 d ouderdom. Liggaamsgewig, voerinname, en doeltreffendheid van voeromset het op geen stadium tydens die studietydperk van 35 dae betekenisvol tussen behandelings verskil nie. Op 35 dae ouderdom was mortaliteit en die voorkoms van Skielike Vrekte Sindroom (SVS) ook vergelykbaar vir alle beligtingsgroepe. Nadat hierdie data saamgevoeg is met data van braaikuikenhennetjies waaroor vroeër reeds verslag gedoen is, was groei en doeltreffendheid van voeromset na ouderdom 21 d tot by slag betekenisvol beter vir kuikens wat blootgestel was aan die konstante 8-h lig asook die kuikens waar daar 'n oorgang was van 8 na 16 h ligblootstelling vanaf 20 d ouderdom, in vergelyking met die kuikens wat aan 'n konstante 16-h lig blootgestel was. Braaikuikens wat konstante 8-h ligblootstelling ontvang het, het ongeveer die helfte van hul voerinname tydens die donker periode gevreet, terwyl die vergelykende syfer vir die 16-h ligblootstelling nie meer as 10% beloop het nie. Braaikuikens wat aanvanklik 8-h ligblootstelling gehad het, wat dan oorgegaan het na 16-h ligblootstelling op die ouderdom van 10, 15 of 20 d, het hul vreet-tempo tydens die donker verminder toe daar na die langer ligblootstelling oorbeweeg is. Hierdie braaikuikens het nietemin steeds meer voer tydens die 8-h van donker gevreet as braaikuikens wat deurlopend 16-h beligting ontvang het. Cobb en Ross genotipes hat soortgelyk op alle beligtingsbehandelings gereageer. Hierdie werk is veral belangrik ter illustrasie van die verbeterde doeltreffendheid van dieëtproteïenverbruik wat deur die gebruik van korter ligperiodes behaal word. Boonop sal elektrisiteitsverbruik aansienlik afneem indien braaikuikenprodusente die resultate van hierdie navorsing sou toepas. 5.29 Geen vordering is gedurende die jaar gemaak met hierdie projek nie, hoofsaaklik omdat dit onmoontlik was om DDGS in die afgelope jaar na Suid-Afrika in te voer. In die tussentyd het die Suid Afrikaanse Regering daarteen besluit om mielies vir etanolproduksie in heridie land te gebruik, dus is die dringendheid om hierdie navorsing te voltooi, verminder. Desnieteenstaande het die PNS ooreengekom dat daar wel meriete is om voort te gaan met die navorsing, gegewe die feit dat daar groot hoeveelhede DDGS op die mark beskikbaar sal wees in die toekoms en dat hierdie produk moontlik die moeite werd sal wees om in die land in te voer indien die prys reg is. 5.30 Mnr JSG Joubert Inligting is gedurende die verslagjaar ingesamel in die Winterreënvalgebied ten opsigte van canola, lupiene en koring en in die Somerreënvalgebiede ten opsigte van sojas en mielies. Die inligting in die Winterreënstreek is vanaf Agribesighede bekom en so ook die inligting in die Somerreënvalgebiede ten opsigte van die Vrystaat en Noord-Wes terwyl dié ten opsigte van KwaZulu-Natal vanaf die Departement van Landbou in genoemde provinsie bekom is. Mpumalanga inligting is ingesamel deur middel van die groepbesprekings-tegniek. Die inligting wat ekonomies en tegnies/biologies van aard is, is verwerk en inkomste- en kosteramings van voormelde gewasse opgestel. Die hoofkomponente van so 'n begroting bestaan uit die bruto-inkomste, produksiekoste en bruto-marge op 'n hektaar basis. Die inkomste- en kosteramings is hoog in aanvraag en kan gebruik word vir verskillende doeleindes deur produsente, agri-besighede en finansieringsinstellings. Dit dien ook as belangrike voorligtingshulpmiddel vir voorligters. Inkomste- en kosteramings van sojas en mielies is opgestel in die Somerreënvalgebied ten opsigte van die volgende gebiede: Mpumalanga | – Kinross– Morgenson – Piet Retief – Groblersdal (besproeiing) Noordwes | – Brits / Koedoeskop / Makoppa– Koster – Lichtenburg / Coligny – Zeerust Free State | – Vrede en Frankfort– Reitz, Bethlehem en Harrismith KwaZulu-Natal | – Bergville– Karkloof – Paulpietersburg In die Winterreënstreek in die Wes-Kaap provinsie is inkomste- en koste ramings van canola, koring en lupiene opgestel. (Laasgenoemde is nie vir Malmesbury en Porterville opgestel nie). Wes-Kaap | – Moorreesburg– Malmesbury – Porterville – Caledon / Riviersonderend – Bredasdorp / Napier – Swellendam / Heidelberg Inkomste- en kosteramings poog om 'n tipiese situasie, gegewe sekere bewerkingspraktyke, te weerspieël. Aanbevole praktyke en studiegroepgegewens is gebruik as inligtingsbron. 5.31 Gedurende die verslagjaar is die APR en Nieuwoudt / McGuigan-modelle aanvullend tot mekaar gebruik om projeksies van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020 te doen. Beide modelle is deur die Universiteit van KwaZulu-Natal ontwikkel. In die geval van die APR-model was dit ontwikkel vir 'n doktorale studie wat deur die PNS befonds was en in die geval van die Nieuwoudt/ McGuigan-model vir 'n Magister studie. Laasgenoemde was deur die PNS geïnisieer en befonds. Tans bedryf die Departement Landbou-ekonomie van die Universiteit van die Vrystaat beide modelle op kontrak vir die PNS en hou dit ook in stand. Die APR-model word gebruik om die totale voergebruik, wat proteïen insluit, per dierspesie te verdeel waarna die Nieuwoudt/McGuigan-model gebruik word om projeksies te maak van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020. Gedurende die verslagjaar is daar ook gesprek gevoer met beamptes van die Departement Landbou-ekonomie van die Universiteit van Pretoria insake die BFAP - (Bureau for Food and Agricultural Policy) model. Die BFAP model is 'n model met 'n wyer inslag wat wêreld- en plaaslike markte ontleed en op grond van basislynprojeksies en scenarios veranderings in die toekoms voorspel en die moontlike impak daarvan op plaaslike markte, boerdery en winsgewendheid en oorlewingsvermoë bereken. Dit voorspel byvoorbeeld wat sou gebeur met die bruto waarde van sekere sektore, oppervlakte onder gewasse, menslike- en dierlike verbruik van sekere kommoditeite asook toekomstige pryse van kommoditeite. Die gesprek met BFAP het ten doel gehad om vas te stel wat die moontlikheid is om die drie (3) modelle te integreer ten einde 'n meer akkurate voorspelling te kan maak van toekomstige behoeftes van proteïen. Dit het geblyk nie sinvol te wees om die modelle te integreer nie maar eerder die BFAP model aanvullend te gebruik tot die bestaande PNS-modelle. Tydens die gesprek het die PNS ook sekere insette verskaf wat as 'n oefenlopie in die BFAP model ingevoer is. Daar is ook ooreengekom dat 'n soortgelyke werksessie in die komende jaar gehou sal word maar dat kundiges uit die belangrikste bedrywe betrek gaan word ten einde beter data aan die model te kan verskaf. Dit word dan ook beplan om van die inligting wat hieruit sal voortspruit te gebruik as insette in die APR en Nieuwoudt / McGuigan-modelle. 5.32 Die PNS se Webblad is nog steeds die belangrikste hulpmiddel om inligting te kommunikeer aan belanghebbendes. Verder word die Webblad ook gebruik om terugvoering te verskaf aan die PNS insake byvoorbeeld beurs en navorsingsprojekaansoeke. Byvoegings tot die Webblad wat populêr is, is inligting op die hoofbladsy wat aandui wat nuut opgelaai is op die Webblad. Verder is daar 'n toevoeging wat belangrike nuusbrokkies weergee. Die prysgrafiek van ingevoerde soja-oliekoek word ook op 'n daaglikse basis op datum gehou. 'n Lys van belangrike datums van toekomstige gebeure herinner besoekers om betyds reëlings te tref om die geleenthede van belang te kan bywoon. Flitse van belangrike keerdatums verskyn ook op die hoofbladsy. In verlede jaar se verslag is gemeld dat 'n raamwerk vir 'n navorsingsdatabasis op die Webblad gelaai is waarin besonderhede van navorsingsresultate geplaas kan word. Die raamwerk is ingedeel volgens kommoditeite (byvoorbeeld sojas) onderwerpe (byvoorbeeld bemesting) en sub onderwerpe. Die benutting van proteïen deur diere vorm 'n ander been van die raamwerk. Gedurende hierdie verslagjaar is 'n aanvang geneem met die oplaai van inligting wat in dokumentêre vorm by die PNS-kantore beskikbaar is. Goeie vordering in dié verband is gemaak. Gedurende die verslagjaar is Biobrandstowwe ook as 'n nuwe hoof bygevoeg. Koppelings met ander Webblaaie bly steeds 'n belangrike manier om die benutting van 'n Webblad te bevorder en is daar gedurende die verslagjaar met sestien (16) ander belangrike webblaaie gekoppel. Die vernaamste verwysingsbron na die PNS-Webblad is nog steeds die soekenjins en word 70,7% van ons Webblad se besoekers via soekenjins verwys. Direkte besoeke is 20,6% en besoekers via ander Webblaaie is 8,7%. Die belangrikste verwysingsbronne na die PNS-Webblad is AFMA, Aardvark, Google, SABA en SAGIS. Heelwat besoekers word ook vanuit die buiteland waargeneem en was dit al in een spesifieke maand so hoog as 31% van die totale aantal besoekers. Daar vind nog steeds 'n toename plaas in besoekers en is die aantal besoekers per jaar soos volg: Verslagjaar Aantal besoekers 20042005 2006 2007 1 6913 285 4 552 5 404 Die eerste vyf maande van 2008 toon alreeds 'n besoekerstal van 5 205.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=24-januarie-2005
Notule Sojawerkgroepvergadering gehou om 10h00 op 24 Januarie 2005 in die PNS-Raadsaal te Rivonia Opening Die vergadering word deur mnr Vermaak met gebed geopen. Verwelkoming Die Voorsitter, mnr GJH Scholtemeijer, heet almal hartlik welkom en in die besonder vir mnr Daan du Toit, dr Herman Loubser en dr Piet van der Merwe wat die Sojawerkgroepvergadering vir die eerste keer bywoon. Presensie Teenwoordig Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Dr M Griessel PNS Mnr CL Grimbeek PNS-Kontrakteur Mnr E Maree PNS-Kontrakteur Mnr FAS Potgieter Graan SA Mnr HJC Agenbag PNS-Kontrakteur Mnr ID Lamprecht Departement Landbou, Omgewing & Bewaring, Mpumalanga Mnr GW Bührmann GW Bührmann Saad Mnr CJ du Plessis PNS Mnr L Killian PNS-Kontrakteur Mnr G Keun OPOT Mev R Beukes Nasionale Departement van Landbou Mej M Scheepers Nasionale Departement van Landbou Mnr C Havenga Agriocare Mnr NJ Vermaak Graan SA Mnr AJ van Vuuren NWK Beperk Mnr A Bennet Monsanto Dr PJA van der Merwe LNR-IGG Dr HL Loubser LNR-IGG Mnr D du Toit Departement van Landbou, Gauteng Mnr N Fouché Sekretariaat Verskonings Mnr KF Lawrance Departement Landbou- & Omgewingsake, KwaZulu-Natal Mnr L Oberholzer Monsanto Mnr WF van Wyk PNS-Kontrakteur Mnr GP de Beer LNR-IGG Mnr JC Lubbe Agriocare Personalia Die vergadering neem met spyt kennis dat mnr AJ Pretorius die LNR-IGG se diens teen die einde van Januarie 2005 verlaat. Vasstelling van die sakelys Die sakelys word aanvaar na die toevoeging van die volgende besprekingspunte: Item 7.3.2 – Oordragvoorraad Item 13.2 – Teruggehoue saad Notule van die vergadering van 7 Desember 2004 Die notule is goedgekeur. Algemene oorsig Provinsies KwaZulu-Natal Mnr Du Plessis sê hoewel die reënval in Natal aanvanklik swak was, dit in die laaste tyd goed gereën het en dat die provinsie se aanplantings afgehandel is. Dit lyk of daar meer sojabone as in die vorige jaar geplant is. Afgesien van haelskade wat plek-plek voorkom, lyk die gesaaides baie mooi. Bo-normale oeste kan behaal word. Mnr Havenga noem dat skade van tot meer as 50% by sommige aanplantings deur hael aangerig is. Mnr Killian sê volgens mnr Lawrance is roes op 11 Januarie 2005 by 'n vangeraanplanting waargeneem. By 'n plantdatumproef op Cedara wat in Oktober 2004 geplant is, is roes op 3 Januarie 2005 bevestig. Roes kom gewoonlik eers later voor. Daar is egter geen kennis van roes by kommersiële aanplantings nie. Die Voorsitter sê dit is belangrik dat hierdie inligting betyds by die Roestaakspan uitkom (via me Paula Kruger na dr John Purchase). Hy versoek mnr Keun om dr Purchase (Voorsitter: Roestaakspan) hiervan bewus te maak. Mnr Du Plessis sê dat teruggehoue saad die amptelike oppervlakteskatting beïnvloed. Hy noem dat die saadhandelaars se sojaboonsaad-verkope gestyg het. Baie van die groter produsente het minder mielies en droëbone, maar meer sojabone aangeplant. Mnr Bennett noem dat sy maatskappy meer sojaboonsaad verkoop het en ook bekommerd is oor teruggehoue saad. Mnr Bührmann sê volgens sy berekenings is daar in die verlede tot soveel as 60% aanplantings in sy bedieningsgebied met teruggehoue saad gedoen. Mnr Havenga sê volgens aanduidings wat hy van produsente by die Supersoja Kompetisies kry, word tussen 40% en 44% teruggehoue saad aangeplant. Mnr Potgieter noem dat produsente wat tot die sojabedryf toegetree het, groter saadverkope tot gevolg gehad het. Die Voorsitter wys op die Oppervlakteskatting van 17 000 ha (19 000 ha in 2003/2004) vir Kwazulu-Natal en sê die werkgroep se aanvoeling is dat daar meer as dit aangeplant is. Besluit: Dat mnr Keun met dr Purchase (Voorsitter: Roestaakspan) in verbinding sal tree oor roes wat by Cedara voorgekom het. Mnr Keun Mpumalanga Mnr Bührman sê dat aanplantings in die hoëveldstreek van Mpumalanga mooi vertoon, hoewel daar plek-plek haelskade aangerig is. Hy noem dat sommige lande te nat was om te plant, maar dat die aanplantings algemeen goed vertoon. Volgens sy kennis is daar meer sojabone in Mpumalanga geplant. Die vergadering is tevrede met die skatting van 77 000 ha vir Mpumalanga, teenoor die vorige jaar se 73 500 ha. Noordwes Mnr Potgieter sê dat die skatting van 8 000 ha (teenoor laas jaar se 11 000 ha) waarskynlik te laag is, aangesien daar heelwat meer sojabone in die MGK-gebied geplant is. Hy wys egter op mnr De Beer se mededeling tydens die vorige vergadering, dat daar nie baie sojabone in die Potchefstroom- en Tarlton-gebiede geplant is nie. Mnr Van Vuuren sê dat minder aanplantings in die NWK-gebied gedoen is, omdat dit laat begin reën het. Selfs die sonneblomaanplantings in die gebied, is ongeveer 40% minder as die vorige jaar. Mnr van Wyk se skriftelike kommentaar is dat die aanplantings noord van Brits mooi is en die reënval tot dusvêr na-aan normaal. Limpopo Mnr van Wyk se skriftelike kommentaar is dat aanplantings in die Palala- en Sterkrivier-gebiede mooi is en dat genoeg reën tot dusvêr voorgekom het. Baie produsente wat die vorige seisoen grondbone geplant het, het vanjaar sojabone geplant. Die skattingsyfer is 6 000 ha teenoor 2003/4 se 4 720 ha. Noord-Kaap Die skatting is 100 ha teenoor die vorige jaar se 160 ha. Hoewel Luckhoff 'n Vrystaatse dorp is, word die Luckhoff-gebied vir landboudoeleindes as deel van die Noord-Kaap geag. Luckhoff word deur die Noord-Kaapse Departement van Landbou bedien. Vrystaat Vanjaar se skatting is 21 000 ha teenoor 2003/2004 se 21 500 ha. Mnr Maree sê daar is aanvanklik vermoed dat daar 20% tot 25% meer sojabone in die Vrystaat aangeplant sou word, maar dat dit as gevolg van laat reëns – veral in die suid-oostelike dele nie kon realiseer nie. Aanplantings in die oostelike dele lyk baie goed. Die Frankfort- en Villiers-gebiede het baie goeie reëns gehad. Haelskade het in baie dele voorgekom en dit word geraam dat sowat 1 000 ha tussen 15 en 100% skade gely het, veral in die omgewings van Aberfeldy, Kestell, Afrikaskop, Frankfort en Hoopstad. Mnr Potgieter noem dat Graan SA van mening is dat daar heelwat minder sojabone in die Vrystaat geplant is. Mnr Havenga sê hy meen dat daar meer sojabone as in die vorige jaar geplant is. Die Voorsitter sê die feit dat daar nie sojabone in die Suid-oostelike dele geplant is nie, beteken nie dat minder sojabone geplant is nie. Verlede jaar is ook nie in hierdie dele geplant nie. Produsente wat normaalweg sojabone plant, het vanjaar weer geplant. Oos-Kaap Volgens die skatting is daar 50 ha aangeplant teenoor verlede jaar se 90 ha. Mnr Killian sê hy het voorheen laat blyk dat daar minstens 400 ha in die Oos-Kaap aangeplant is. Die aanplantings is hoofsaaklik in die Ugie / Maclear / Elliot-gebied en die Gamtoosvallei. Mnr Killian noem dat 'n paar nuwe sojaboonprodusente gewerf is. Dit was baie droog in Oktober en November, maar goeie reëns het sedert Kersfees geval. Suidwestelike Distrikte Die skatting vir Wes-Kaap is 200 ha teenoor 30 ha vir 2003/2004. Goeie reëns het voorgekom, maar vloedskade het sojaboonaanplantings effens geknou. In die algemeen lyk die aanplantings egter baie goed. Mnr Grimbeek sê dat hy die aanplantings op 140 ha raam. Gauteng Die skatting vir 2004/2005 is 5 000 ha, wat dieselfde is as in die vorige jaar. In 'n skriftelike verslag van mnr Van Wyk sê hy dat dit baie laat gereën het in die Noord-oostelike dele van Gauteng (Bronkhorstspruit / Balmoral) en dat aanplantings dus nog baie jonk is. Daar is egter beslis meer sojabone in hierdie provinsie as in vorige jare aangeplant. Een nuwe produsent alleen het 500 ha aangeplant. Reënval is normaal en alhoewel sekere dele hael gehad het, lyk die sojabone belowend. Mnr Du Toit sê dat daar heelwat meer sojabone in die Vereeniging-gebied geplant is. Oesskatting Die nasionale oppervlakteskatting vir 2004/2005 is 134 350 ha teenoor 135 000 ha in die vorige jaar. Die aanvanklike hersiene voorneme om te plant was 155 000 ha. Die Voorsitter sê die komitee se aanvoeling is dat daar nie juis minder sojabone as in die vorige jaar aangeplant is nie. Mnr Bührmann verneem of daar van satelliet-tegnologie gebruik gemaak word. Mev Beukes noem dat die konsortium wel daarvan gebruik maak en dat satelliet-inligting in Februarie 2005 vir die Oesskattingskomitee beskikbaar sal wees. Sy noem dat die jongste oppervlakteskatting voorlopig is, aangesien sommige provinsies "nie heeltemal verteenwoordigend" was nie. Sy sê dat sy voor die volgende Oesskattingsvergadering met die kontrakteurs in verbinding wil tree. Oes- en oppervlakteskatting ten opsigte van Limpopo, Noordwes Provinsie en die Vrystaat Die aangeleentheid word nie bespreek nie. Weer- en klimaatsvooruitskouing vanaf GSA Die vergadering neem kennis van Enviro Vision se Mielievisie No.66 wat by die sakelys ingebind is. Mikpunte: 2005, 2010 en 2020 Drie-jaar vooruitskatting Die aangeleentheid staan oor. Oordragvoorraad Mnr Du Plessis verwys na Graan SA se dokumente wat tydens die vergadering uitgehandig is. Hy wys op die stygende oordragvoorraad sedert 1997 en sê hy wil graag weet aan wie die grootste deel van die voorraad behoort. Die Voorsitter verduidelik dat, aangesien verbruik nog skerper as die oordragvoorraad toeneem, daar toenemend meer voorraad oorgedra word. Die meeste voorraad blyk deur die verwerkers gedra te word, ten einde hulle tot en met die volgende seisoen deur te dra. Indien die oordragvoorraad hoofsaaklik aan produsente behoort het, sou daar 'n afname in produksie gewees het. Die Voorsitter reël dat Graan SA se dokumente in hierdie verband by die volgende sakelys ingebind word. Gegewe die jongste oppervlakteskatting (134 350 ha) en 'n beginvoorraad van 93 700 ton, skets mnr Vermaak scenario's vir 'n nasionale soja-aanbod, wat met opbrengste van 1.4 ton/ha, 1.6 ton/ha en 1.8 ton/ha onderskeidelik op 281 790 ton, 308 660 ton en 335 530 ton te staan kan kom. Die geprojekteerde eindvoorraad is vir elke scenario heelwat hoër as die benodigde pyplynvoorraad. Die Voorsitter wys daarop dat daar jaarliks sowat 570 000 ton soja-oliekoek ingevoer word, wat 'n ekwivalent van ongeveer 712 006 ton sojabone verteenwoordig. Markaangeleenthede Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik Dr Griessel wys op die volgende statistiek soos op 14 Januarie 2005, vergeleke met dié van die vorige jaar. 2004/2005 2003/2004 Miljoen ton sojas Wêreldproduksie 223,80 186,32 VSA 85,48 66,75 Argentinië 36,90 32,20 Brasilië 61,80 50,20 Eindvoorraad 49,14 39,89 Voorraad / Verbruik 23,8% 20,60% Ten spyte van ruim sojaboonvoorsiening "op papier", kan persers in die VSA, Brasilië en Argentinië nie genoeg sojabone bekom nie. In die VSA se sojaproduserende streke het droë, warm toestande asook die voorkoms van roes, 'n beperkende invloed op produksie. In Brasilië het Phakopsora pakarisi reeds wyd versprei. Dr Griessel deel die jongste afgeleide pryse met die vergadering. Ondergenoemde gelande prys en wisselkoers is soos op 14 Januarie 2005. Die gelande sojaboonprys te Durban is R1 752/ton waarvan die afgeleide produsenteprys R1 646,00/ton is. Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 21 Januarie 2005 Verskeping: R1 752 | Wisselkoers: R6.09/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 1 752.00 Spoorvrag na Randfontein 170.00 1 922.00 Waarde van volvetsoja 110% R2 114.00 Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 468.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 60.00 – Rente 12% (6 maande) 107.00 – Ekstrusiekoste 130.00 – 5% ekstrusieverlies 101.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R1 646.00 SAFEX Mnr Du Plessis meld dat daar tot datum geen SAFEX-verhandeling in 2005 ten opsigte van sojabone plaasgevind het nie. Hy noem dat hy op 25 Januarie 2005 'n besoek by SAFEX gaan aflê. Produsente-aangeleenthede Dr Van der Merwe meld dat bepaalde sleutelnavorsers en -personeel van die LNR-IGG bedank het, maar dat hierdie Instituut tans besig is om alle fasette van die werk wat vir die bedrywe gelewer moet word, in hersiening te neem. Hy sê dat dr Tokkie Liebenberg sommige aspekte van dr Mclaren se pligte sal hanteer. Dr McLaren het ook onlangs die instituut se diens verlaat. Hy noem dat 'n navorser van die LNR-KGI eersdaags diens by die LNR-IGG aanvaar, wat by plantsiektes betrokke sal wees. Hy sê dat hy redelik tevrede is dat die nodige mannekrag in plek is om proteïennavorsing te kan hanteer. Hy verseker die vergadering van die LNR-IGG se verbintenis tot goeie dienslewering aan die bedryf. Kennis word geneem dat dr Loubser die LNR-IGG voortaan op die Sojawerkgroep en Kontrakteurs- en Medewerkerswerkgroep sal verteenwoordig. Die Voorsitter sê dat die PNS hoë waardering het vir die Instituut se bydraes oor baie jare. Hy versoek dat, indien navorsers wat op grondvlak by projekte betrokke is nie die vergaderings kan bywoon nie, dr Loubser hom van die feite moet vergewis ten einde dit met die werkgroep te deel. Super Sojakompetisie – terugvoering Mnr Du Plessis rapporteer dat 20 produsente in die Suidelike gebied belangstelling vir deelname toon. In die Noordelike gebied is daar belangstelling vir deelname van 24 produsente. Haelskade het onlangs by twee van hierdie produsente voorgekom en hulle mag dalk daarom onttrek. Mnr Du Plessis sê dat die eerste besoeke tans gedoen word. Produsente-aangeleenthede: rapportering Mnr Havenga sê aldus 'n voorligtingsbeampte op Winterton, is die Departement van Landbou: KwaZulu-Natal besig met 'n bemagtigingsprojek. Sowat 140 ha is op sewe lande aangeplant. Mnr Du Plessis noem dat een van hierdie lande by die Super Sojakompetisie ingeskryf sal word. Mnr Killian sê dat 'n produsent met Roundup Ready sojabone van hom wou weet of hy die ongeregistreerde 2-4DB-doder, gemeng met stowwe soos Classic en Galant Super, vir die beheer van Purperwinde (Morning Glory) kan gebruik, aangesien die voorgeskrewe dosis (2,5 liter/ha) Roundup Ready die onkruid nie onder beheer gebring het nie. Die Voorsitter sê dat die PNS hierdie praktyk glad-nie kan aanbeveel nie. Mnr Bennett sê dat Purperwinde op 'n twee- tot drieblaar stadium en weer na 10 tot 15 dae met Roundup Ready gespuit moet word. Mnr Du Plessis noem dat daar dikwels praktiese redes is waarom daar nie op die voorgeskrewe stadiums gespuit kán word nie, soos wanneer die lande as gevolg van swaar reën kort voor die toedieningsdatum, nie toeganklik is nie. Navorsing Verwysende na die vorige rapportering deur mnr De Beer, noem mnr Du Plessis dat daar geen nasionale cultivarproef op Dundee geplant is nie. Hy sê dat daar buiten die nasionale cultivarproewe, 'n demonstrasieproef in die suide van Natal geplant is. Dr Van der Merwe meld dat die LNR-IGG tans besig is om 'n blad oor sojaboonroes by sy webwerf te voeg, wat met die PNS-webblad gekoppel sal word (soos tydens die vorige vergadering bespreek). 'n Verslag van mnr Van Wyk word voorgehou. Cultivarproewe is aangeplant op Delmas, Groblersdal, Kinross, Lydenburg en Wonderfontein. Die proewe op Groblersdal is redelik erg deur voëls en harde reënbuie beskadig. Dit kan nie oorgeplant word nie, aangesien die seisoen reeds ver gevorder is. Die statistiese ontleding van data van sekere persele sal egter ontbreek. Proewe by Lydenburg en Kinross lyk goed. Die proewe by Delmas en Wonderfontein moet nog besoek word (word deur Pannar behartig). 'n Strookproef met vyf blaarbespuitingsmiddels (Spoor en Boor, Groenwoema, Patostop, Biozone en B-Rus) is by Kinross uitgevoer. Hierdie sojabone het fitotoksisiteit getoon nadat hulle met 'n sekere onkruiddoder bespuit is en dit was 'n goeie geleentheid om hierdie produkte te toets vir hulle effektiwiteit in sulke gevalle. 'n Strookproef met dieselfde behandelings as bogenoemde word ook by Lydenburg uitgevoer. By mnr Stapelberg van Piet Retief is Spoor en Boor, Groenwoema en Patostop gebruik as blaarbespuiting op sojabone wat groeitraag en sieklik voorgekom het. Die Voorsitter versoek die kontrakteurs en medewerkers om soos mnr Van Wyk, skriftelike verslae in te dien, sou hulle nie die vergaderings kan bywoon nie. Noordwes provinsie Mnr Van Wyk se skriftelike rapport lui dat cultivarproewe op Brits en Koedoeskop aangeplant is. Hierdie proewe is nog nie deur mnr Van Wyk besoek nie, maar mnr De Beer het hom meegedeel dat dit goed vertoon. Limpopo Mnr Van Wyk se skriftelike verslag word voorgehou. Cultivarproewe is aangeplant op Towoomba by Warmbad en by Palala. Die proef op Towoomba is baie mooi, terwyl die proef te Palala in Desember oorgeplant is as gevolg van insekskade. Hierdie proef lyk tans baie goed. Strookproewe met ses cultivars en twee rywydtes is ook by beide bogenoemde lokaliteite aangeplant en vertoon ook mooi. Mnr Maree sê daar is beplan om proewe te plant by Vrede, Reitz, Frankfort, LNR-KGI, Ficksburg, Glen (besproeiing en droëland), Viljoenskroon en Hoopstad. Die proef te Vrede se stand is baie swak. As gevolg van droogte is geen proef op Reitz geplant nie. Hoewel die proef op Frankfort 15% haelskade opgedoen het, lyk dit mooi. By die proef te LNR-KGI het onkruidprobleme ontstaan toe daar as gevolg van baie reëns nie tussen die rye skoongemaak kon word nie. Die proef te Ficksburg het na droogtetoestande mooi herstel. Onkruid is met die hand uitgetrek nadat baie reën geval het. Die besproeiingsproef te Glen lyk mooi, maar die droëlandproef se stand is swak. Op Viljoenskroon is die proef laat geplant. Hy noem dat mnr De Beer daar besoek afgelê het en het hom meegedeel dat die proef redelik goed lyk. Hy sê hy het verneem dat die proef te Lückhoff wel geplant is. Die proef te Hoopstad het sowat 25% tot 30% haelskade opgedoen. Aangesien daar heelwat stamskade opgedoen is, sal die plante nie so goed kan herstel nie. Oos-Vrystaat Sentraal-, Noordwes- en Suidoos-Vrystaat Algemeen - terugvoering ten opsigte van sojaboonaanplantings in Mosambiek Moontlikheid van 'n verhandelingsbasis vir sojabone op grond van proteïenwaardes: GSA Oliesadewerkgroep Mnr Vermaak meld dat Graan SA se werkgroep bespreking gevoer het oor die moontlikheid van 'n verhandelingsbasis vir sojabone op grond van proteïenwaardes. Dieselfde argumente is op die verhandeling van sonneblom op grond van olie-inhoud van toepassing. Hy noem dat saadkwekers aanvanklik hierin belanggestel het om seker te maak dat hulle teling volgens markbehoeftes geskied. Die belangrikste vraagstukke is: of silo-eienaars bereid sou wees om toetsapparaat aan te skaf; of silo-eienaars die kapasiteit het om voorraad van verskillende proteïenwaardes afsonderlik te stoor; en watter afsnypunte en premies / diskontos toegepas behoort te word. Proteïen- en olie-inhoud kan ook verskil vanaf produkinname tot by die uitlaai daarvan. Daarom beveel Graan SA vir die huidige aan dat die lewering van graan en oliesade met spesifieke proteïen- en olie-inhoud per kontrak tussen koper en verkoper gereël word. Die Voorsitter wys daarop dat graan- en oliesade nêrens ter wêreld op proteïen- en oliebasis verhandel word nie. Oos-Kaap Mnr Killian sê dat die cultivarproef wat in September op Bathurst geplant is, nie baie goed lyk nie. Gedurende Oktober en November het dit glad-nie daar gereën nie. Die ander cultivarproewe in die provinsie sal gedurende Februarie besoek word. Mnr Gawie de Beer sal die besoeke waarskynlik meemaak. Die Voorsitter versoek die kontrakteurs om die norm van die betrokke gebied by die aanplant van nasionale cultivarproewe te volg. Mnr Grimbeek noem dat die cultivarproef te Outeniqua-proefplaas mooi vertoon. Geen sclerotinia het tot dusver voorgekom nie, hoewel die warm, vogtige weer dit daarvoor leen. Inligting, Weskus produsente – terugvoering Gauteng 'n Skriftelike rapport van mnr Van Wyk lui as volg: Kleinperseelproewe is onder besproeiing op Zenzele naby Hammanskraal aangeplant. Daar is vier proewe, naamlik: enting- en blaarbespuitingsproef gipsproef aalwurmproef Januarie-aanplanting met ultra-kort groeiseisoen-cultivar. Hierdie proewe vertoon almal baie mooi en goeie resultate word verwag. 'n Strookproef met vier bemestingbehandelings is te Bronkhorstspruit aangeplant asook 'n strookproef met drie blaarbespuitings as behandelings. Die proewe lyk goed, alhoewel verskille nog nie waarneembaar is nie. Dr De Kock noem dat 'n beplanningsvergadering tussen die PNS, UVS, GWK en LNR-IGG vir 28 Februarie 2005 geskeduleer is, om toekomstige sojaboonwerk in die sentrale besproeiingsareas te bespreek. Algemeen Biodiesel – terugvoering Mnr Du Plessis sê dat daar positiewe verwagtinge is oor Sasol se belangstelling in sojabone as energiebron. Produksiekostevergelyking tussen droëland-mielies en -sojabone – gesprek met mnr Joubert Die Voorsitter noem dat mnr Deon Joubert gedurende die loop van die jaar met kontrakteurs en medewerkers gesprek sal voer om produksiekostevergelykings tussen sojabone en ander gewasse te dokumenteer. Dr Griessel noem dat mnr Joubert die NDL op 25 Januarie daaroor spreek. Mnr Du Plessis meld dat inligting van die Oos-Vrystaat, Piet Retief en Ermelo studiegroepe vir mnr Joubert se projekdoeleindes beskikbaar is. Sleepstroper Aangesien die besoek aan mnr Bührmann se broer nog nie plaasgevind het nie, staan die aangeleentheid oor. Nasionale cultivarproewe Mnr Du Plessis noem dat 'n persoon by die Departement van Landbou: KwaZulu-Natal van hom wou weet waarom die Departement die proefwerk moet doen, terwyl die LNR-IGG daarvoor vergoed word. Dr De Kock sê die reëling was altyd dat die LNR-IGG met die Provinsiale Departemente oor 'n prys vir die hantering van die proefwerk by die navorsingstasies, onderhandel. Dr Van der Merwe sê dat die inligting wat uit die proewe na vore kom, van groot belang vir die betrokke omgewings is. Hy sê dat hierdie proewe betroubare statistiek lewer en noem dat cultivarevaluasie uiters belangrik vir die LNR-IGG is. Die Voorsitter wys daarop dat die PNS geen ander kostes in die LNR-IGG se begroting vir nasionale cultivarproewe dra nie, as slegs grondgebruik van die Provinsiale Departemente. Dr Loubser noem dat daar soms op 'n vrywillige basis, kosteloos van die Departemente se gronde gebruik gemaak word. Cultivar Snell Mnr Havenga sê dat hy nog nie genoeg inligting het om met die vergadering te deel nie. Hy bevestig dat die eerste Snell-aanplantings gestroop en die tweedes geplant is. Cultivarevaluasiekomiteevergadering: terugvoering Kennis word geneem dat die Cultivarevaluasiekomitee D.V. op 6 September 2005 sal vergader. Roes Roes te Ermelo en Amersfoort Dr De Kock noem dat daar nie vangeraanplantings in die Ermelo- en Amersfoort-omgewings geplant is nie. Dr McLaren het egter laat blyk dat hy aanplantings in die omgewing sal monitor vir enige tekens van roes. Die Voorsitter reël dat mnr Lamprecht met dr Purchase moet skakel om oor 'n moniteringsplan vir die gebied te besin. Dr Van der Merwe noem dat dr McLaren vir ten minste hierdie jaar, steeds by die projekte betrokke sal wees, soos die PNS dit aan die LNR-IGG toegeken het. Besluit: Dat mnr Lamprecht met dr Purchase sal skakel om oor 'n moniteringsplan vir die Ermelo- en Amersfoort-gebiede te besin. Mnr Lamprecht Verslag oor roes in KwaZulu-Natal Die aangeleentheid is onder item 7.1 bespreek. Mnr Keun sal met die Voorsitter van die Roestaakspan in verbinding tree oor roes wat in KwaZulu-Natal voorgekom het. Inligting vanaf Roestaakspan – Monsanto-werk in die VSA Mnr Bennet sê dat hy enige relevante inligting ten opsigte van roes-proefwerk in die VSA, met die vergadering sal deel. Sclerotinia Proefwerk – terugvoering Dr De Kock noem dat al die proewe geplant is en dat dit volgens die navorsers goed lyk. Mnr Henk van der Westhuizen (Philagro) se proewe is almal geplant, insluitende die proef oor die moontlike registrasie van Sumisclex vir korrektiewe behandeling. Die PNS het vroeër 'n brief ter ondersteuning aan Philagro gestuur, sodat hierdie maatskappy 'n voorlegging daaroor aan die Registrateur kan doen. Mnr Van der Westhuizen beplan om die toediening van Sumislex deur spilpunte te ondersoek, waarvoor daar moontlik 'n befondsingsaansoek by die PNS ingedien kan word. Hy noem dat dr McLaren se drie plantdatumproewe elk op Potchefstroom en Bethlehem gedoen is en dat kunsmatige besmetting afgehandel is. Die cultivar Snell is nie by die cultivarproef ingesluit nie, maar wel by die fase 1-proewe. Prof McLaren sal Snell by die glashuisproef insluit, waar alle cultivars kunsmatig besmet sal word. Hy noem dat skakeling tussen drr McLaren en Caldwell wel plaasgevind het oor die bevordering van sclerotinia in glashuisomstandighede en dat laasgenoemde nog haar beplanning by die PNS moet indien. Hy sê dat 'n protokol vir proewe onder spilpunt nog opgestel moet word. Mnr Killian noem dat 'n sekere produsent in die Gamtoosvallei vanjaar saadbehandeling tydens plant met Benomyl (Benlate) gedoen het. Terwyl sy aanplanting verlede jaar sclerotinia gehad het, is daar tot dusver geen besmetting waargeneem nie. Dr De Kock sê dat saadbehandeling met verskillende middels by die proewe gedoen word. Beskikbaarstelling van ultra-kort sojabooncultivar (Snell) vir insluiting in sclerotinia-proef Hierdie aangeleentheid is onder item 10.5.1 bespreek. Aalwurmnavorsing Dr De Kock noem dat 'n aantal middels met 'n reeks herhalings vir aalwurmnavorsing by sojabone oorweeg is, waarna die keuse op slegs twee maatskappye se middels geval het, naamlik dié van Du Pont en BASF. Die twee middels en 'n paar kontroles sal met genoeg herhalings by 'n proef ingesluit word. Die proef sal aangepas word om ook residuwerk daarop te kan doen, vir 'n moontlike registrasievoorlegging aan die Registrateur. Die projek word onder leiding van dr Driekie Fourie behartig. Saad Mnr Bennett sê teen 75 kg saad per hektaar is daar 'n nasionale saadbehoefte van meer as 400 000 eenhede. Hy sê, gemeet teen die vermoedelike hoeveelheid saadverkope, daar jaarliks aansienlike hoeveelhede saad teruggehou word. Hy stel voor dat alle sojaboonsaadmaatskappye hul verkoopsyfers vertroulik aan die PNS voorsien om sodoende te probeer vasstel wat die omvang van saadterughouding is. Dr De Kock noem dat SANSOR voorheen statistiek van koringsaadverkope op hierdie wyse versamel het. Mnr Bührmann noem dat SANSOR wel statistiek per vraelys van saadmaatskappye versamel. Die Voorsitter reël dat daar verneem sal word of SANSOR sodanige statistiek versamel en beskikbaar kan stel. So-nie, sal die PNS graag behulpsaam wees. Dr Griessel sê dat SANSOR hierdie generiese statistiek behoort vry te stel en dat hierdie organisasie by die Sojaboonwekgroep betrokke gemaak behoort te word. Besluit: Dat daar verneem sal word of SANSOR statistiek oor kommersiële saadverkope versamel en beskikbaar kan stel en indien nie, die PNS sy sekretariaat vir hierdie doel beskikbaar sal stel, in 'n poging om die omvang van sojaboonsaad-terughouding te bepaal. Mnr Keun Tegnologie-oordrag NAMPO-Oesdag Inligtingsdae 2004 – terugvoering en beplanning, 2005 Kennis word geneem van die volgende datums: 17 Februarie 2005 Inligtingsdag, George 23 Februarie 2005 Monsanto Boeredag, Petit 24 Februarie 2005 LNR-IGG Opedag 17-20 Mei 2005 NAMPO Oesdag 13-14 September 2005 Supersoja Kompetisie Mnr Killian onderneem om sy geskeduleerde datums aan mnr Keun te verskaf. Volgens mnr Van Wyk se skrywe, beplan hy die ondergenoemde boeredae. Hy sal die datums teen middel Februarie 2005 met mnr Keun bevestig. Bronkhorstspruit einde Februarie / begin Maart Palala middel Maart Lydenburg einde Maart Towoomba begin April Mnr Van Wyk sê voorts in sy skrywe, dat inligtingsdae by die proewe te Kinross en Zenzele gehou sal word. Sojaboonforum Terugvoering van vergadering van Sonneblom- en Sojaboonforum Geen. Sake om na die volgende Forumvergadering te verwys Geen. Ander sake Inligting vir plasing op die webtuiste Geen. Datums van volgende vergaderings Die vergadering neem kennis van die volgende Sojawerkgroepvergadering wat vir 1 Maart 2005 om 10:00 geskeduleer is. Die oorblywende vergaderings vir 2005 is as volg: 3 Mei 2005 4 Augustus 2005 5 Oktober 2005 6 Desember 2005 Afsluiting Die Voorsitter bedank die lede vir hulle teenwoordigheid en insette en verdaag die vergadering om 13:30.
[]
https://moriel.org/teaching/sermons-in-afrikaans/christian-cults-afrikaans.html
Daar is ‘n teologiese definisie van ‘n kultus en daar is sosiologiese definisie van ‘n kultus, maar dit sal onvermydelik by ‘n sekere punt saamsmelt. “Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus?” (1 Kor. 1:12?13) ”Ek is van Paulus”, “Ek is van Apollos” “Ek is van Céfas” “Ek is van Christus”. Mense wat sê hulle is van Christus is die wat sê: “Ons het geen leierskap nie en ons erken ook geen pastorale gesag nie.” Baie sê dit, ander sê weer? “hy is myne”, “hy is myne”, ? en hulle maak van mense gurus. ‘n Kultus verskuif altyd die fokus op ‘n mens en baie keer ‘n dooie mens. Daar is vandag kultusse? en ek bedoel evangeliese kultusse? wat nou meer populêr is as hulle stigters toe hulle nog gelewe het. Die Assemblies of God het die idees van mense soos William Branham verwerp toe hy nog gelewe het. E. W. Kenyon se idees was afstootlik vir die hoofstroom Pinkster. Die Manifest Sons, die Latter Day Rain misleiding, Restorasie? isme, Koninkryk Nou en die res daarvan ? was in die 40’s en 50’s deur die hoofstroom Pinkster en ook die Assemblies of God verwerp. Hulle was geklassifiseer as okkulties. Vandag egter word hierdie okkultiese en ketterse dinge al meer en meer in die hoofstroom gesien, vandag is daar weer Branhamiete? die leier van ‘n kultus kan ‘n dooie persoon wees! Dit is nie kultusse soos die Jehovah se Getuies of Mormone nie, dit is kultusse waar mense glo aan die ware Evangelie! Wanneer iemand deur een van hierdie groepe tot bekering kom skep dit ‘n groot probleem. Wanneer ‘n Mormoon gered is? geen probleem. Joseph Smith was ‘n valse profeet en ons weet dat die hele Mormoonse kerk in ‘n leuen lewe. Wanneer ‘n Jehovah se Getuie tot bekering kom? geen probleem: Charles Taze Russell was ‘n valse profeet, so dit is klaar met die hele Wag Toring gemeenskap. Maar waar mense deur ‘n Christen kultus wedergebore word dan is daar ‘n groot probleem, vernaamlik met groepe wat teologiese “kerke” is maar sosiologiese kultusse. Op die een of ander stadium gaan groepe wat teologiese kerke en ook sosiologiese kultusse is verval in ‘n kettery. Hulle gaan betrokke raak in afvallige leerstellings terwyl hulle met die Ware Evangelie begin het. Wanneer iemand wedergebore word deur een van hierdie groepe dan het die leiers of leier ‘n groot geestelike en sielkundige invloed en selfs beheer oor hierdie mense omdat hulle werklik wedergebore is. Ek was wedergebore in die “Children of God”. Vir die eerste vyf jaar van my Christen lewe was ek betrokke met sulke groepe. ‘n Ander een was die “Church of Bible Understanding”. ‘n Ander kultus was geken as die “Bible Speaks”, ook geken as die “Greater Grace”. Wat hierdie groepe gevaarlik maak is hulle preek die ware Evangelie. Jy kan hulle nie heeltemal afskryf soos die Jehovah se Getuies en die Mormone nie, en dit is ‘n groot probleem. Mense in hierdie groepe en die wat deur hulle tot bekering gekom het word vasgevang in ‘n geweldige geestelike en sielkundige gebondenheid. Let op dat die apostels soos Paulus teen hierdie mentaliteit gekant was. Het Paulus jou gered? Dit is Jesus wat red, dit is die Evangelie wat red en nie ‘n kerk nie. Die Roomse Kerk maak daarop aanspraak dat hulle die instrument tot redding is, die sakramente wat deur hulle priesters bedien word is hoe mense deur hulle gered word? ex opere operato. Hierdie groepe sal Christus preek maar op ‘n manier sal daar nie onderskeiding gemaak word tussen die Christus en die kultus nie. Paulus bespreek hulle eerste karaktertrekke, iets wat hy later in Galasiërs ‘n “daad van die vlees” noem. (Gal. 5:19) “—Faksies.” (Gal. 5:20) Soms ook gesien as party?ism, miskien beter vertaal as “faksies”. Die eerste kenmerk van ‘n kultus is wat Paulus noem die “sonde van partyskap”. Die sonde van partyskap is waar ‘n groep daarop aanspraak maak dat hulle die alleenreg besit op Bybelse waarhede. Hierdie partygees en wat daaruit ontwikkel is ‘n vorm van gnostisisme, van die Griekse woord “gnosis” wat “geheime kennis” beteken. Die gnostisisme in die Katoliek kerk word die sensus plenior genoem ? “die volle wete van die Skrifte”. Nou? daar is ‘n voller wete van die Skrifte, maar wat hulle op aanspraak maak is dat die Pous op hierdie basis as die opvolger van Paulus, al die onfeilbare insig en kennis besit om te bepaal en te definieer wat die Skrifte beteken. In gnostisisme is dit nie belangrik wat die Bybel eksegeties sê nie, maar wat belangrik is, is wat die leier oor die Skrifte te sê het. John Wimber van die Vineyard beweging se stellings is gebaseer op Christen gnostisisme, ‘n kettery in die vroeë kerk. Byvoorbeeld, ‘n basiese lering van die Vineyard en die Latter Day Rain beweging en die Kansas City profete is Restourasie?isme en dit wat hulle “Joël se weermag noem. “They run on the cities, they rush on the walls, Great is the army who carries His word.” Dit word vergelyk met sprinkane. In die historiese opset was dit Nebukadneser se leër wat deur God gebruik was om Juda te oordeel oor hulle sonde, dit is ook ‘n tipe van die leërmag van die Antichris in Openbaring. Dieselfde sprinkane wat ons in Joël sien? sien ons weer in Openbaring. So, wat ook al hierdie leërmag in die Laaste Dae gaan wees, is en was dit die leër van die Antichris. In Joël 2:20 lees ons God sê: “Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.” Die Vineyard beweging sê dit is hulle. So, enige persoon wat begeer om deel te wees van ‘n leërmag wat God gaan oordeel en vernietig kan by die Vineyard, die Minifest Sons of God en die Latter Day Rain bewegings aansluit. Dit maak nie saak wat die Bybel sê nie, maar wat die Gnosis sê wat dit beteken. “God het MY gewys”. Copeland en Hagin kom van Kenyon af. Vergeet wat Jesus aan die kruis gesê het, “Dit is Volbring” (Joh. 19:30), en? “Vader in U hande gee Ek My gees” (Luk. 23:46) die Kenyaane sê: “God het MY gewys dat Satan die oorwinning op die kruis behaal het en nie Jesus nie. Jesus was vir drie dae en nagte in die Hel gemartel en na dit het Hy uit die dood opgestaan.” Dit is ‘n ander Jesus en ‘n ander evangelie wat die Meester verloën wat hulle gekoop het. Die voorspoed predikers? God het dit of dat vir my gewys, dit is alles okkulties! “Terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. (1 Pet. 21:20?21) En direk hierna sien ons die Griekse woord “parasaxousin” – hulle stel die waarheid teenoor die dwaling. Hulle maak verklarings van dinge soos Bybelse profesie ‘n saak van hulle eie uitleg. Dit is nie belangrik wat die Bybel sê nie, wat belangrik is? is wat die leier sê wat dit beteken. Wanneer hierdie twee dinge? ‘n Partygees en Gnostisisme? by mekaar kom, pasop, dit is onafwendbaar dat daar ‘n derde ding gaan plaasvind. Jesus het die werke van die Nikolaite gehaat (Op. 2:6). Histories weet ons nie wie hulle was nie. Baie mense dink hulle was die volgers van iemand wat Nicolaus genoem was, die seun van een van die diakens in Handelinge 6, maar niemand weet nie, tradisionele verhale, maar wat ons wel weet is wat Nikolaisme in Grieks beteken. Niko? die “onderdrukking” van “die Laity”? mense? selfaangestelde heersers wat aan hulle self weiding verskaf. “En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.” (Eseg, 34:1? 5) Bybelse leierskap is deur voorbeeld, nie om oor ander te heers nie. Jesus bestraf die fariseërs oor hierdie dinge maar dit het nogtans in die vroeë kerk ingekom. ‘n Partygees word verbind aan Gnostisisme. “O maar hy verstaan die Bybel beter as ons”. Wanneer ‘n begaafde persoon mense toelaat om hom op ‘n verhoog te plaas, pasop. “Ons weet nie wat hy doen nie, maar hy is nader aan God as ons? hy het meer insig”. Dit kan waar wees maar direk teen die Skrifte. “Kies vandag wie julle wil dien.” (Josua 24:15) Maar dinge wat al sover gevorder het is gewoonlik te ver in ‘n gebondenheid. Die volgende ding is Nikolaisme, swaarhand leiers. “Wie is jy om ons te bevraagteken? Wie is jy om ons uit te daag? Jy het ‘n gees van rebellie.” Die persoonlikheids tipe van kultus leier is basies identies die persoonlikheid van ‘n diktator, ek is seker ‘n forensiese sielkundige sal dieselfde dinge sê. Baie forensiese sielkundige outopsies is al op verskeie diktators soos Adolph Hitler en Joseph Stalin gedoen. Toe ‘n groep in 1940 ‘n persoonlikheid forensiese outopsie op Adolph Hitler en Stalin vir die Brits Amerikaanse alliansie gedoen het, het almal saamgestem dat nie Hitler of Stalin die moed sou gehad het om in die slag van Stalingrad of die slag van Bulge te veg nie en hulle sou ook nie die moed gehad het om aan hulle self te doen wat hulle aan ander in die konsentrasie kampe gedoen het nie. Kultus leiers is soos diktators? onstandvastige persoonlikhede, gewoonlik omring deur ander wat meer onseker is as hulle, mense wat hulle kan misbruik om ander mense te mislei. ‘n Kultus leier sal baie min met iemand deel sonder die teenwoordigheid van sy meelopers. Hy sal altyd een van sy na?apers stuur wat basies altyd sal doen wat die kultus leiers hulle gesê het om te doen. Kultus leiers is onseker en hulle agente? assistente is net so onseker daarom word hulle maklik gemanipuleer. Nie almal is dieselfde nie maar een ding is seker: Wanneer iemand wedergebore is vind daar geestelik verandering plaas en as hulle geestelik verander dan is daar ook ‘n sielkundige verandering. God verander mense van binne af na buite en soos wat hulle groei in Jesus word hulle al meer standvastig in Christus en ook standvastig in wie hulle in Christus is. In ‘n Christen Kultus gebeur dit nie, groepe wat in die begin teologiese “kerke” was eindig as sosiologiese kultusse. Daar is nie ‘n standvastigheid in Christus nie en hulle sekuriteit word gebaseer op hulle verhouding met die leier. Daar is verskillende grade maar hulle is almal dieselfde. Die enigste verskil tussen die meeste huiskerke bewegings wat vasgevang in restourasie teologie is hoofsaaklik tot watter graad hulle okkulties betrokke is, maar hulle is almal op dieselfde pad. Die enigste verskil tussen die Jehovah se Getuies en David Koresh is dat die een verder af is in dieselfde pad. Gee hulle genoeg tyd, alhoewel hierdie teologiese “Kerke” maar net sosiologie kultusse is, gaan hulle net so in ketterse leerstellings verval. Nie net dwaling nie, maar fundamentele dwalinge. Die “Children of God” het dit gedoen. Die “Church of Bible Understanding” het dit gedoen. Gee hulle genoeg tyd en hulle gaan betrokke raak in leerstellige dwaling. Maar dit is maar net die begin. Hierdie mense is onstandvastig en hulle is bang vir mense wat dinge weet wat hulle nie weet nie. Ons mag nie ‘n afgod maak van opleiding en kennis nie. Apollos en Paulus was geleerd, Petrus en Johannes nie, en tog was die Apostoliese gesag wat Petrus en Johannes gehad nie minder waardig as die van Paulus nie. Alhoewel, soos wat Petrus in sy Brief sê: “Hierdie dinge is moeilik en dit is beter as Paulus dit verduidelik.” (2 Pet. 3:15?16) Wanneer iemand se agtergrond? sy intellek– gekruisig is, wanneer ‘n gelowige geleer het om op Christus te vertrou en nie op sy eie insig nie, eers dat word sy intellek ‘n baie goeie dienskneg. Intellek is ‘n goeie dienskneg maar ‘n slegte baas, maar onkunde is ‘n dodelike baas. Hierdie mense sal altyd enigiets minag wat te doen het met ‘n Bybelskool of ‘n Teologiese Kollege en mense wat Grieks ken, hulle is bang vir hierdie mense. Hulle is gewoonlik in die teenwoordigheid van hulle groepe wanneer hulle iemand ontmoet wat meer as hulle weet. Mense wat die oorspronklike Grieks en Hebreeus kan lees is ‘n gevaar vir hulle. Dieselfde met diktators, hulle is bang vir mense wat meer weet as hulle. “Jy het dit nie nodig nie!” Hulle sal dinge uitwys wat op sigself waar is: “Kyk hoeveel geleerdes is daar in Universiteite met ‘n PhD graad wat Grieks en Hebreeus ken wat self oppad is Hel toe, hulle is nie gered nie!” Hulle kyk egter nie na die anderkant van die munt nie, hulle sal net dinge beklemtoon wat vir hulle van nut is om mense te kan beheer. Wanneer jy met ‘n kultus leier betrokke raak dan het jy te doen met ‘n persoon met ‘n onstabiele persoonlikheid, iemand wat net mense kan beheer wat hulle onseker van hulself kan maak. Die uiteinde van hierdie dinge is leerstellige dwalinge, en dit is onvermydelik dat een of twee of beide van die volgende gaan gebeur. Die eerste is finansiële wanbestuur soos wat dit beskryf word in Esegiël 34. “Jy slag die skape om lekker te eet, maar kyk hoe lewe die skape”. In Amerika is daar ‘n voorbeeld met vyf vliegtuie, gereelde vakansies in die Bahamas? met sy tweede vrou? terwyl die skape in rot besmette krotte woon waar misdaad hoog gety vier. Baie van hulle bly in New York stad in die slegste krotbuurte denkbaar waar hulle daagliks 14 uur matte skoonmaak terwyl al hulle geld deur die kultus leier opgeslurp word wat veronderstel was vir die kinders in Haiti. Miskien het iets daarvan daar uitgekom, maar dit was ook vir die vyf vliegtuie waarmee net hy en sy tweede vrou rond vlieg. Finansiële wangedrag is eerste. uiteenlopendheid is onvermydelik. Hulle gee hulle oor aan ‘n leefstyl wat hulle nie in die sekulêre wêreld sal kry nie omdat hulle nie slim genoeg is nie, soos baie van vandag se Pinkster leiers. 90% van die Pinkster leiers van ons dag sou nie die leefstyle gehad het waarvan die koerante vol is, as hulle nie Pinkster leiers was nie. Die tweede ding, wat in baie gevalle onder hierdie mense gevind word, is seksuele wangedrag? immoraliteit, gewoonlik gaan dit vir ‘n geruime tyd in die geheim aan voordat dit op die lappe kom. In die kort termyn van ‘n kultus is dit die waarskuwings tekens om pad te gee. Die sonde van partygees sal daar wees wat op ‘n manier verwant is aan Gnostisisme. Hulle sal aanspraak maak op ‘n moderne verklarings van leerstellings wat ander nie kan verstaan nie en waarin hulle volgers ingelyf moet word. Na ‘n tyd sal mense wat nie verstaan om pad te gee nie hulle in ‘n finansiële gemors en uitbuiting bevind. In baie gevalle sal hulle die Skrifte met betrekking tot tiendes verdraai om hulle doel te bereik. Immoraliteit sal daar wees, gewoonlik is dit seksueel, en soms ook van ‘n afwykende seksuele natuur. Voordat Satan die kerk in die 4de eeu verheidens het was sy eerste truuk volgens die Nuwe Testament om die kerk te Judafiseer. Dit is nie dieselfde as verjoods nie omdat die Kerk teologies Joods is. Israel is die natuurlike wortel. (Rom. 11) Ons moet die Skrifte verstaan uit ‘n Joodse Christelike perspektief en nie uit ‘n Hellenistiese perspektief nie. Die Here het Sy Woord deur Sy mense geopenbaar, ‘n nasie met ‘n gegewe kultuur en ons moet dit verstaan. Dit is belangrik om Bybelse Judaïsme teologies en Bybels te verstaan om so Bybelse Christelikheid te verstaan. Jesus het die Wet vervul. Satan se eerste misleiding was om mense terug te kry onder die Wet in plaas daarvan dat die Wet ons na Christus lei. Dit het niks te doen met onderhoudings nie. Ons as ‘n familie wat Israeliese Jode is, wie se kinders in Galileë gebore is, onderhou die Pasga omrede ons kultuur en getuienis vir ongeredde Jode. Daar is ‘n Mezuza aan die deur en ons praat Hebreeus by die huis. Ons het Hanukkah en Purim en al die Joodse feeste. Ons gaan Sondae na ‘n Kerk toe en ons deel met ‘n Messiaanse gemeenskap op Saterdag? Shabbat. Dit gaan oor mense wat kultuurlik Joods is en hulle kultuur wil behou om aan Jode in hulle eie kultuur te getuig, dit is nie verkeerd nie. Ook is dit nie verkeerd om aan Jode te getuig deur mense wat die kultuur aangeneem het soos wat Paulus in 1 Korinte 9 sê nie. Waaroor dit gaan is wanneer iemand wil beweer dat dit nodig is vir redding of vir regverdiging. “Wel jy kan deur genade gered wees, maar….” Wanneer gesê word dit is nodig vir redding dan is dit “wettisme”. Wanneer daar bykomstige dinge nodig is vir regverdiging terwyl iemand deur Jesus gered is dan word dit geken as Nomianisme, van die Griekse woord “nomos”. Vandag is daar twee soorte groepe waarvoor mense versigtig moet wees, mense wat onder twee verbonde wil lewe. Een is die ekstreemse sy van die Messiaanse beweging. Hier word nie gepraat van goeie Messiaanse Bybelse leraars soos Arnold Fruchtenbaum of die mense wat Christene help om die Joodse agtergrond van die Nuwe Testament te verstaan nie. Dit het ook nie betrekking op diegene wat op ‘n Joodse kultuurlikse manier aanbid om Jode te Evangeliseer nie. Dit gaan oor diegene wat probeer om mense te oortuig om die Wet verpligtend te onderhou. David Kriss van Melbourne is gevaarlik man. Maar hy is nie die enigste Messiaanse ekstremis nie. In Engeland is daar Philip Sharp wat in die tronk beland het. Hy het sy Israelse vrou en kinders gelos en mense in ’n vergadering oortuig om hom as die Koning Messias te kroon. Hy is ‘n “Messiaanse Joodse Rabbi”, van hierdie mense is van hulle trollie af. Daar is ‘n soort Halachic gemeenskap in Queensland wat ek nie met ‘n paal wil aanraak nie. Dit gaan nie oor die goeie mense nie maar oor die wat die kluts kwyt is. Dit is egter nie net die Messiaanse Jode wat dit doen nie, wat weer die skeiding muur wil herbou nie. Daar is ‘n ander groep mense wat ook probeer om onder twee verbonde te lewe: Die Sewende Dag Adventiste, die meeste van die volgers van David Koresh was Sewende Dag Adventiste. Wanneer mense in fundamentele leerstellige dwalinge betrokke raak, veral soos om te probeer om onder twee verbonde te lewe, dan stel hulle hulleself oop vir baie erger dwalinge. Dit is ‘n saak van vlakke. Dit is moeilik om te glo wat besig is om te gebeur as jy lees oor David Koresh, maar daar was al Evangeliese kultusse wat mense kon oorreed om ongelooflike dinge te doen. Toe die tragedie met Koresh plaasgevind het, met al die internet materiaal, het ons gesien dat Koresh die patroon tot in die fynste besonderheid gevolg het. Onthou die SDA maak daarop aanspraak dat hulle weergebore is of dalk net gered, maar met ‘n hoop valse leerstellings: Die partygees, Nikolaisme en al die ander dinge? terug onder die Wet. Koresh het 13 ure aanmekaar Bybel studie gehou en altyd oor Openbaring en oor homself gepreek. Wanneer iemand nie aandag gegee het nie of aan die slaap geraak het, het hy stoele en dinge rond gegooi. Hierdie Bybel studies was ontwerp om mense te breinspoel vir ‘n apokaliptiese kataklisme van ‘n aard wat sou gaan gebeur, maar altyd deur suggestie en nooit direk nie met die idee dat redding net sou kom deur hulle verhouding met hom in hierdie komende lotsbestemming. Hierdie mense was so gebreinspoel dat met die konfrontasie met die FBI het hulle geglo dat dit die Openbaring gebeure was wat hulle moes verwag het. Maar dit het nie so begin nie. Wat laat mense sulke dinge doen? Koresh moes die enigste opper gesags figuur word. Hy het hierdie mense laat glo dat hy halfgod was. Praat van Gnostisisme! Net sy semen was goddelik deurtrek, so, net hy kon kinders verwek! Mans mag nie deur hulle vroue en kinders gerespekteer word nie, so het hy hulle verneder. Net sy gesag moes erken word. Hy het aantreklike vroue oorreed om in vergaderings op te staan en hulleself aan die mans te ontbloot, “Wie is aangevuur deur dit?” Dan het hy hulle in die openbaar verneder oor hulle wellus. Die man was van sy verstand af! Sy kamers was bo in ‘n dubbelverdieping terwyl die mans in ‘n millitêre styl barakke geslaap het, net die voue kon na hom opgaan soos wat hy hulle beveel het, maar hulle was nie altyd volwasse vroue nie daar was ook meisies so jonk as 11 jaar. Baie van hierdie mense wat doodgemaak is was sekerlik sy kinders. Hy het die mans so sleg gemaak dat hulle vroue nie na hulle mans kon opkyk as ‘n geestelike gesag nie en as hulle dit wel gedoen het hy hulle op ‘n ander manier verneder. Hy het SDA tipe voedsel wette ingestel wat hy ook van tyd tot tyd aangepas het en as die vroue ‘n verkeerde soort aangekoop het? het hy hulle verskreeu en in ‘n ry laat staan, hulle gedwing om hulle klere uit te trek en hulle met plakke geslaan, dit het vir dae aangegaan, hulle moes voor hulle kinders ontklee en sê: “Sien julle wat gebeur met slegte mammas?” Hoe het hy hulle gekry om sulke dinge te doen? Wanneer ouers so ver gedaal het om hulle 11 jaar oue dogter as ‘n seks slaaf oor te gee dan is die logiese volgende stap valse leerstellings en dit wat daarop volg. Wanneer jy dinge lees wat die Kingdom of the Cults en wat mense soos Joseph Smith gedoen het (Nog ‘n seks pervert) dan kom jy agter hoe perverte seks deel geword het van kultusse. Opregte mormone is die fundamentaliste, dit is hulle wat Brigham Young and Joseph Smith doelgerig volg. Met ‘n uitreik aksie van Moriel onder Mormone in Manti? Utah? het ek ‘n man ontmoet met agt vroue. Hoe kry hierdie mense dit reg om vroue in sulke dinge betrokke te laat raak? Dit is nie moeilik om te verstaan as jy sien hoe oud hierdie vroue was toe hy met hulle getrou het nie. Hulle is pedofiele, dit is hoe hulle dit gedoen het. Maar daar is iets meer skrikwekkend as David Koresh of die Mormone. Wat van wedergebore Christene, geredde Christene wat dieselfde dinge doen? In 1978, op voorblaaie van die New York Poast was daar ‘n kultus wat weg gebreek het van die Luteraanse kerk in Minnesota, evangeliese Luteraane het kinders in ‘n metaal stoel gesit met hulle hande vasgebind en hulle met elektrisiteit geskok terwyl hulle ouers bygestaan het omdat hulle nie aandag in hulle Sondag skool gegee het nie. In Kalifornië was daar ‘n groep wat mense (vrywillig) geslaan het om die duiwels uit hulle te dryf. In Engeland was daar ‘n jong meisie, ‘n student in die regte oorspronklik van Gibraltar wat na ons bidure toe gekom het wat nadat sy gegradueer het met kultus? Raima deurmekaar geraak het. Omdat sy Spaans kon praat het hulle haar na Chicago gestuur. Hier het sy met ander Christene in aanraking gekom wat in dieselfde dinge gevang was. Gnostisisme, Nikolaisme? en al die geld het na hulle toe gegaan. Omdat sy meertallig en goed opgelei was het sy meer vryhede gehad as ander vroue en sy was toegelaat om my en my vrou te ontmoet. In hierdie groep het die leiers hierdie mense oorreed om in geloof met HIV positiewe mense te trou en dan op God te vertrou. Babas is met Vigs gebore en mense het gesterf aan Vigs terwyl hulle leiers huwelike met HIV positiewe mense aanbeveel het, hulle het hulle eie doodsvonnisse geteken. Hierdie is wedergebore Christene! Ek het haar aan my vrou voorgestel en haar ouers in Engeland gekontak en haar na ‘n veilige plek gevat en vir die mense daar gesê hulle moet haar opsluit tot die volgende dag waarna ek het vir haar ‘n vliegtuig kaartjie gekoop het terug na Engeland. Dit is die soort beheer wat begin met ‘n partygees wat gekoppel is aan Gnostisisme en Nikolaisme. Wanneer mense vergeet dat Jesus ons Wysheid is (1 Kor. 1:30) dan begin hulle opkyk na wysheid van mense. Wanneer ‘n gelowige nie meer ‘n Beriaan is nie dan gee hy homself oor aan die soort beheer oor sy lewe wat teen die wil van God is behalwe Homself. (Maar ook God sal Hom nie op mense afdwing om hulle te manipuleer nie.) Dit kom by ‘n punt waar mense onbybelse dinge sê en doen terwyl niemand iets daaroor iets sê nie, immorele dinge! Hulle verloor hulle kapasiteit om rasioneel te dink! Dit verskil net in vlakke tussen die sogenaamde “Christen” kultusse en die valse Christene. In Utah dra die Mormone T hempies wat sê: “Brigham Young het dit gesê, Ek glo dit, en so sal dit wees.” Wanneer ‘n JW's in ‘n hoek gedryf word oor ‘n onderwerp dan sê hulle dieselfde dinge, hulle word opgelei om dit te doen. Mormone val terug na hulle belydenis, ‘n subjektiewe proklamasie. “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” Dit is veronderstel om alles reg te verklaar. Dit maak nie saak wat logies reg en verkeerd is nie, dinge wat hulle nie kan verklaar nie, hulle getuienis is die alfa en die omega! Totaal subjektief. Ek praat met ‘n Mormoon en sê vir hom: “Ek hou van jou T hemp!” Hy sê: “Halleluja!” Ek sê vir hom: “So jy glo daar is kwakers op die maan? En jy glo dat as Brigham Young dit gesê het dan is dit waar? Hier staan dit in julle kerk Tydskrif “Journal of Discourses.” Brigham Young en Joseph Smith sê daar is kwakers op die maan wat al meer as ‘n duisend jaar oud is, Brigham Young sê hulle is ook op die son?” Ek sê vir ‘n swart Mormoonse man: “Weet jy wat, die Nuwe Testament sê dat die eerste nie?Jood wat Christus aangeneem het was ‘n swart Afrikaan man van Ethiopië! En weet jy wat het die Mormoonse kerk, Brigham Young oor jou te sê? Hulle sê jy is ‘n afstammeling van die gevalle engele, duiwels? Wie wil jy volg? Jesus wat lief is vir jou of ‘n Mormoon wat sê jy is ‘n duiwel omdat jy swart is? Kyk hier staan dit!” En wat is die Mormoon se antwoord? “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” En wat het ek vir hom gesê? “Ek het ‘n las in my hart en ek vertel vir jou daar is lewende Kwakers op maan!” Logika is by die venster uit, die eenvoudige leer van die Skrifte is by dieselfde venster uit! Subjektiwiteit skop in. “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.” (1 Pet. 4:7) Onthou julle die video van Rodney? Howard Brown en Copeland waar hulle mense aangespoor het om dronk te word en om nie te bid nie? ??word dronk in die gees? ??ingetoë en nugter? “Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter… (1 Pet. 1:13) “ Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1 Pet. 5:8) Drie keer waarsku Petrus? “Wees nugter”. Paulus waarsku: “maar julle wees nugter”. (2 Tim. 4:5) Dieselfde Petrus wat hulle in die Toronto vergaderings aangehaal het oor die “dronk” in die gees leuen is die een wat gesê het die mense is nie dronk nie. (Hand. 2:15) Die mense het van die Groot Dade van God gehoor, hulle was nie histeries dronk soos Howard? Brown leer nie! Ek het met vyf pastore in Melbourn gepraat wat gevang is in die Toronto dwaling en vir hulle videos van Howard Brown en Copeland gewys wat hulle nie kon verdedig nie. Hulle het geweet dit is ketters, vleeslik, en ook demonies maar nog steeds het hulle hierdie mense ondersteun. Hoekom? Hulle was nie blind nie, hulle was moedswillig blind! Dit is die soort kerk leiers wat hele gemeentes mislei! Jesus Christus gaan hulle as herders verantwoordelik hou vir hierdie dinge. (1 Pet. 5) Die vrug van die Gees is egkrateia in Grieks – “selfbeheersing”. (Gal. 5:22?23) Dit en wat Petrus gesê het oor om nugter te wees was aan hulle uitgewys, maar hulle antwoord het niks met die Bybel te doen gehad nie! Was hulle antwoorde logies? Nee! Het hulle kulties geantwoord? Ja! “Ek was so geseën, ek weet dit was reg omrede dit wat met my gebeur het!” Wat het die Mormoon gesê? “Ek het ‘n brandende gevoel in my bors en ek weet dit is die waarheid!” Dit is nie logies nie en by dieselfde venster uit met Bybel en al. Dit is net ‘n geval van vlakke. Daar is nie meer ‘n groot verskil tussen die Assemblies of God en die Mormone nie, hulle is op dieselfde pad. Daar is egter nog goeie gemeentes onder die Assemblies of God kerke en ek dink hulle moet opstaan teen hierdie dinge en uitkom onder hulle anders gaan hulle op dieselfde pad beland, dit is net ‘n geval waar die een net ‘n paar tree verder weg is as die ander. Die sielkundige gebondenheid wat hier plaasvind het ‘n demoniese karakter. Wanneer mense uit hierdie dinge kom dan is hulle outomaties verstoot deur die ander wat nog steeds deel is van die kultus. Dit is soos katolisisme. Wanneer jy die “enige ware kerk” verlaat is dit ‘n sonde tot die dood, daar is geen vergifnis nie? jy gaan Hel toe. Hulle gaan teen diegene draai wat padgee terwyl hulleself in gebondenheid bly. Maar is die wat padgee vry? Nee, nie in die begin nie. Mense wat uit ‘n kultus kom is baie deurmekaar as gevolg van die pyn van al die manipulasies, dit vat ‘n lang tyd vir mense om uit ‘n kultus pad te gee, maar nog langer om ‘n kultus uit mense te kry. Dit is soos die Rock lied? Hotel California? “Jy kan enige tyd gaan maar jy kan ons nie verlaat nie”. Hulle bly in ‘n sielkundige en geestelike gebondenheid en meer ernstig as hulle in hierdie dinge tot redding gekom het. Hulle kan nie in ander kerke geakkommodeer word nie omdat ander kerke nie kan verstaan wat hulle deurgegaan het nie. Hulle het ‘n geheime vrees. “Wat as hulle reg was?” Dit is ‘n geveg wat baie lank kan duur. Baie van hierdie mense kry senuwee ineenstortings en hulle word geestelik siek. Drank en verdowingsmiddels en selfmoord en huwelike wat in slag bly is baie keer die volgende stap as gevolg van hierdie dinge. ‘n Ander groot nagevolg van hierdie dinge is dat mense so seer gekry het dat hulle nooit weer ander kerke kan vertrou nie en so word die oplossing van ‘n slegte kerk? geen kerk. Die oplossing van swak leierskap word geen leierskap nie. Die regte oplossing vir swak leierskap en slegte kerke? is goeie leierskap en goeie kerke maar hulle kan dit nie aanvaar nie. Ander mense verstaan nie waardeur hulle gegaan het nie, hulle verstaan nie wat binne in hulle aangaan nie. Hulle kan nie by ander kerke inpas nie totdat iets gebeur, dit vat lank om te gebeur maar uiteindelik kan dit gebeur… Dit is ‘n groot probleem en dit word al groter en voordat Jesus terugkom gaan dit nog groter word. Leon Festinger, ‘n sosiologiese sielkundige het godsdienstige sielkunde geindentifiseer as “Oorwegende onenigheid” Ek weet nie of hy ‘n Christen is nie, maar wêreldse sosiologie en sielkunde sien hierdie dinge. Oorwegende onenigheid is wanneer mense so vasgevang word in ‘n sekte deur swaarhand leiers wat dinge profeteer wat nie gebeur nie. Maar in plaas daarvan dat hulle hulle gesonde verstand gebruik en padgee word hulle al meer toegewyd aan die sekte. Een van die dinge wat gedoen moet word wanneer JW’s aan jou deur klop is om vir hulle van hulle eie afskrifte van die Wagtoring of die “Awake” boekies te wys waar hulle leiers dinge geprofeteer het wat nie gebeur het nie en vir hulle daarop te wys dat hulle valse profete is. (Deut. 18:22) Maar hulle kan dit nie sien nie. Gerald Coates het ‘n aardbewing in New Zealand geprofeteer wat nie gebeur het nie terwyl daar in vier en veertig kerke van die Elim kultus oorlewings kursusse aangebied was! Wat van Rick Joyner en al sy valse profesië in sy boek “The Harvest”? Hy het onderandere gesê kommunisme gaan seëvier maar vyf maande later val die yster gordyn? Wat van die Kansas City Profete, mense soos Paul Caine en Mick Bickle wat in Oktober 1990 ‘n groot herlewing in Brittanje en Duitsland geprofeteer het, dit het nie gebeur nie en in die laaste 10 jaar is meer Moskees in Engeland opgerig as kerke? Wat van Benny Hinn, Rodney Howard Brown wat vals geprofeteer het? Wat maak ons met sulke mense? Deut. 18 sê gee pad van hulle, moet niks met hulle te doen hê nie, moenie bang wees vir hulle nie. In ‘n kultus maak dit egter nie saak nie. Is daar ‘n verskil in wat die JW’s of die Mormone en mense soos Hinn en Howard Brown doen? Nee daar is nie, die een is maar net verder in dieselfde pad af as die ander? dit is? “oorwegende onenigheid”. Wêreldse sielkunde sien dit, die wêreld sien dit maar misleide mense word nog meer toegewyd aan hierdie kultusse. Hulle sal altyd verskonings aanbied om hulleself te verdedig of met ‘n ander datum kom en as dit nie werk nie begin hulle weer van vooraf. Mense wat mense volg in plaas van Jesus Christus. Ons sien mense in ‘n gebondenheid, geredde Christene is dood, families en huwelike word verwoes. Hulle is bedrieërs en misleiers, onstabiel en onseker en hulle weet niks van die dinge wat hulle moet weet nie. Hulle is baie bang vir mense wat meer weet as hulle en stel nie belang in opvoeding nie, maar aan die ander kant is daar ook mense wat ‘n afgod daarvan maak. Arnold Fruchtenbaum het gesê: “Ek gee nie om of jy van die “Plymouth Broeders”, of wat se Broeders ook al is nie, moet net nie ‘n oningeligte broeder wees nie.” Wanneer iemand deur hierdie dinge gered is en dit al is wat hulle nog ooit geken het, dan is dit verstaanbaar hoe dit met hulle kon gebeur. Maar wat gebeur met mense wat in hierdie dinge betrokke raak wat nie deur dit tot redding gekom het nie? Dit is baie sleg. Veronderstel jy was deel van een van hierdie groepe in dieselfde patroon, hoe die leiers optree, hulle vrees vir kennis, almal weet wat hy nie weet nie, wat ander gebruik as sy boodskappers, hy het ‘n spesiale insig in die Bybel wat as ander dit nie kan sien nie hulle in rebellie teen God is omdat hulle nie onderdanig aan sy gesag is nie, ander draai teen jou en veroordeel jou en spreek ‘n vloek oor jou uit. (Hulle sal altyd vir jou vertel van mense wat hulle verlaat het en daarna gesterf het.) Hulle is baie selektief oor hoe hulle dinge hanteer, hulle werk soos die sanhedrin. Die Sanhedrin het Jesus voor hulle hof gestel. Hoekom het julle Jesus nie in die Tempel gevange geneem waar almal kon sien nie? Hierdie mense sal nooit in die openbaar in ‘n debat voor ‘n video kameras betrokke raak nie, maar altyd saam met hulle maatjies. Michael Brown, die misleier van Pensecola, sogenaamde teoloog en ‘n groot geleerde in Hebreeus kan nie Hebreeus praat nie. Hy het ‘n paar jaar terug na Israel toe gekom en vertel dat die vuur wat 22% van Israelse plantegroei verwoes het die embleem was van die uitstorting van God se Heilige Gees oor Israel. Hy het mense sover gekry dat hulle ‘n hele nag gesit en wag het vir die tweede Pinkster wat sou kom. Ek en hy sou mekaar in openbare debat oor Pensecola ontmoet maar toe hy uitvind dat ek al die band materiaal by Joe Chambers gekry het waar Kilpatrick leuens verkondig het oor ’n rukkende meise, het hy dit onmiddellik gekanselleer. Kultus leiers sal jou nie op eie terrein aanvat nie. Hulle sal altyd soos die Sanhedrin jou op hulle terrein aandurf en nie in die openbaar nie, dit is waar hulle in beheer is. Soms vat dit maande selfs jare vir mense om ‘n persoon uit ‘n sentrale rol in sy lewe te kry en Jesus Christus in plek daarvan te stel. Hierdie mense is in ‘n verskriklike gebondenheid en as jy nie self in so iets betrokke was nie sal jy nie verstaan waarvandaan hierdie mense kom nie, jy sal hulle probleme nie verstaan nie. Hoekom kan hulle nie inpas nie? En nie net dit nie, baie van dit wat hulle sê is die waarheid, die Kerk is “louwarm”. Die kultus was meer toegewyd. Dit is baie waar en dit is ‘n groot gevaar. Hulle praat nie net leuen leuens nie, hulle vertel Satan se leuens, hulle verdraai die waarheid. Kyk na die resultate, die skade dit is nie moeilik om te sien nie. Hulle het sosiaal as ‘n kultus en teologies as kerke ontstaan, maar gee hulle ‘n paar jaar? nie meer as 10 nie dan sien jy kettery. Finansiële korrupsie, immoraliteit, maar miskien aan die einde daarvan sal jy Jesus vind. As jy gebonde is aan so ‘n groep dan sê die Bybel: “Waar die Gees van God is, daar is vryheid.” (2 Kor. 3:17) Die voortreflikheid van die feit dat jy in ‘n gebondenheid is vertel vir jou dat dit nie God se Gees is nie want waar die Gees van God is daar is vryheid. Gebondenheid is ‘n ander gees, ‘n party gees, ‘n vleeslike daad, ‘n sonde, die teenoorgestelde van die vrug van die Gees. Vleeslike dinge, ons ou natuur is die teenoorgestelde van die vrug van die Gees, jy is in gebondenheid. Die som totaal van alles is dit: Hou jou oë op Jesus en een Bybel vers uit die Bybel sal vir jou ‘n werklikheid word soos nog ooit te vore: “As die Seun jou vrygemaak het sal jy waarlik vry wees.” (Joh. 8:36) God seën u. †††
[]
https://vaandel.co.za/tag/nato/
Daar word die afgelope dae druk in die korporatiewe media en veral op sosiale media gepraat van die moontlikheid dat ons ons op die vooraand van die Derde Wêreldoorlog bevind. En miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag in diepte daarna kyk. Baie van wat hier gesê word, is miskien al aan u bekend. Maar ‘n paar nuwe gedagtes én insette wat bykom, gee dalk vir ons ‘n duideliker prentjie van waar ons op die profetiese lyn staan. Ons wag nog net vir die laaste strooi wat die kameel se rug gaan breek. Continue reading Die Krimoorlog, Turkye en Rusland
[ [ "[]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2016/02/Syrian-warplane.jpg)" ] ]
https://www.capexitparty.com/geskiedenis.html
Geskiedenis van die Kaap. Gedokumenteerde geskiedenis toon dat Suider Afrika merendeels bevolk was deur die nomadiese Khoisan-mense. Die Bantoemigrasie van Noord- en Sentraal-Afrika het uitgebreide verplasing van die Khoisan tot gevolg gehad soos wat die Bantoe stamme (grotendeels Nguni) suidwaarts uitgebrei het. Die Khoisan het die Bantoe migrasie tot by die grense wat vandag die Kaap vorm, weerstaan. Die Kaap van Goeie Hoop was vir die eerste keer in 1488 deur die Portugese navigator Batholomeus Dias, gekarteer. Die eerste Europese nedersetting in die streek het plaasgevind in 1652 toe setlaars onder Jan Van Riebeeck ‘n Verversingspos vir die Hollands Oos Indiese Kompanjie (VOC) as ‘n halfweghuis na hul Oos Indiese kolonies, gevestig het. Soos wat die Kaap van Goeie Hoop uitgebrei het, is die Khoisan geïntegreer met die Hollandse nedersettings. In die 1660’s het die VOC slawe vanaf Indië, Seylon en Batawië (hedendaagse Indonesia) en Oos Afrika gebring. Die Atlantiese Oseaan in die weste en die Indiese Oseaan in die ooste, dien steeds as naelstring wat die Kaap verbind aan die Europese en Oosterse samelewings wat aan dié gebied in sy hedendaagse vorm, geboorte gegee het. Die Kaap was ‘n samevoeging van ‘n groot verskeidenheid mense en is vinnig gekenmerk deur mense van gemengde herkoms. Die Kaap se smeltkroes-gemeenskap het ware diversiteit gesimboliseer en die Afrikaanse taal is so ryk en divers as die mense wat dit geskep het. Hierdie diverse mengsel van herkoms, kultuur en taal kan selfs gesien word deur die feit dat baie Kaaplanders wat as ‘wit’ beskou word, hulle genetika kan herlei na Khoisan- en slawe-voorouers. Die Kaap is die ware ‘reënboognasie – ons kan maar net in die verlede terugkyk om dit te besef. Die Kaapse gebied het na die ooste tot by die Visrivier uitgebrei waar die Kaaplanders in 1779 vir die eerste keer met die Xhosa, wat in ‘n suid-westelike rigting uitgebrei het, kontak gemaak het. In 1806 het die Kaap in die hande van die Britte geval en onder Britse beheer gebly tot in 1872, waarna dit self-regeringsreg verkry het. Die Kaap het self-regering geniet tot in 1910, waarna die Britse Ryk die ‘Unie van Suid Afrika’ afgedwing het nadat die Boererepublieke in die Suid Afrikaanse Oorlog verswak is. Die Unie van Suid Afrika het bestaan uit die kolonies van die Kaap en Natal, sowel as die Republieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat. Lesotho, ‘n Britse protektoraat, het gekies om nie deel van die Unie te wees nie en het in 1966 onafhanklikheid verkry. Swaziland, oorspronklik ingesluit in die Transvaalse Republiek, het in 1968 onafhanklikheid van Brittanje verkry. Hierdie twee onafhanklike lande verteenwoordig die twee “gate” op die huidige kaart van Suid Afrika, terwyl die vier voorheen outonome entiteite dít wat vandag bekend staan as die Republiek van Suid Afrika, uitmaak. Vanaf 1910 tot 1948 was die Unie van Suid Afrika ‘n dominium van die Britse Ryk. In die 1920’s het die Unie onafhanklikheid van Brittanje begin najaag. In 1948 het politieke beheer geskuif na die ekstreme Nasionale Party (NP). Met die NP se politieke belange grootliks in die Transvaal gebaseer, was die ‘Nat’ regering vining om rasse-segregasie-wetgewing onder ‘n beleid genaamd Apartheid, te implementeer. Tot en met daardie tyd was die Kaapprovinsie die enigste provinsie wat nie-blanke deelname aan verkiesings toegelaat het en wat vir 300 jaar sonder rasse-skeiding was. In die 1950’s het die Apartheidsregering hierdie reg in die Kaap afgeskaf. In 1953 het die NP regering sogenaamde ‘Kaapse Kleurlinge’ van die Kieserslys van die Kaapprovinsie verwyder en kleurlinge is slegs toegelaat om vir vier parlementêre verteenwoordigers te stem. Dit is met verontwaardiging in die Kaap ontvang en ‘n organisasie genaamd die ‘Fakkelkommando’s’, gelei deur die bekroonde vegvliegtuig vliënier Adolph “Sailor” Malan, het massa-opstande teen die regering van stapel gestuur. Tydens die hoogtepunt van die opstande, het die Fakkelkommando uit 250 000 blanke lede bestaan wat ‘n einde aan die regering se rassistiese beleid sowel as die herstel van stemreg vir kleurlinge geëis het. Maar die Apartheidsregering het die protes-aksies teengestaan en teen 1968 was die Kaapse Kleurlinge nie net geheel-en-al verwyder van die Kiesersrol nie, maar is hulle huise gesloop en moes hulle gedwonge uitsettings onder die Groepsgebiedewet in die oë staar. Die NP-regering het daarin geslaag om tot 1994 aan bewind te bly waarna plaaslike en internasionale druk hulle geforseer het om Apartheid te beëindig en verkiesings te hou met universele stemreg van krag. Dit het daartoe gelei dat die African National Congress vining mag verkry het. Hoewel die ANC met ‘n ‘reënboognasie’ slagspreuk beloof het om ‘n einde aan rassisme in Suid Afika te bring, is die werklikheid eerder dat onderdrukking gerig was teenoor minderheidsgroepe. Die ANC regering het beleid soos die Wet op Gelyke Indiensneming, Swart Ekonomiese Bemagtiging, Regstellende Aksie, Nasionalisering/ Beslaglegging op Grong (plase en myne), Transformasie, Herverdeling en Kwotas ingestel wat verseker het dat elke aspek van die gemeenskap volgens rassitiese riglyne gestruktureer is. Die ekonomie, opvoeding, politiek, besighede, nasionale monopolië (Evkom, Telkom), die media (SAUK, hoofstroom koerante) en ook sport is geherstruktureer volgens ‘n sterker-wordende rassekwota. In werklikheid is die ware ‘reënboognasie’ van Suid Afrika, die etnies-diverse Kaap, die ergste geaffekteer deur die ANC se rassitiese beleid. Die Kaap het, ten spyte van ‘n eeue-oue taal- en kultuurgeskiedenis, in 1910 onafhanklikheid verloor deur ‘n koloniale fout wat tot gevolg gehad het dat naburige lande saam gedwing is om die belange van die Britse Ryk te dien. In 1948 het hiedie gedwonge Unie in die hande van ‘n totalitêre en rassistiese regering beland. In 1994 is die hefbome van mag oorhandig van een totalitêre regering na ‘n ander, terwyl die onderdruktes slegs van skakering verander het. Die goeie mense van hierdie Unie ly steeds onder beginsellose bestuur van een of ander aard of vorm vanaf die begin daarvan tot in die huidige tyd.
[]
https://www.thebookbox.co.za/product/dagboek-van-n-dork-6-stories-van-n-nie-so-gelukkige-hartebreker/
Catastrophe 13th April 2022 Eerste Liefde Omnibus #2 13th April 2022Dagboek van ‘n Dork #6: Stories van ‘n nie-so-gelukkige Hartebreker R195.00 Dagboek van ‘n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het. ‘n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.Brandon vra uiteindelik amper vir Nikki uit! Maar hy begin vreemd optree en sy is bekommerd dat hy nie eintlik van haar hou nie. Die meisies moet boonop die seuns na die skooldans vra! Lees Nikki se dagboek en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee! Out of stock
[ [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2022/04/31103-80x80.jpg)" ], [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2022/04/30702-80x80.jpg)" ] ]
https://comme-un-pro.fr/af/ratse-bestuur-%27n-noodreaksie-op-die-krisis-of-%27n-volhoubare-metode/
Die oorsprong van die "Agile benadering" ... Die wêreld het die 'Agile benadering' te danke aan 'n groep Amerikaanse rekenaarwetenskaplikes. Saam het hulle in 2001 besluit om 'n omwenteling in IT-ontwikkelingsprosesse te maak en skryf die "Agile Manifesto"; 'n werkswyse wat fokus op kliëntetevredenheid, wat soos volg gestruktureer is oor vier waardes en 12 beginsels: Die 4 waardes Mense en interaksies meer as prosesse en instrumente; Bedryfsagteware meer as volledige dokumentasie; Samewerking met kliënte meer as kontraktuele onderhandeling; Aanpas om meer te verander as om 'n plan te volg. Die 12 beginsels Bevredig die klant deur vinnig en gereeld funksies met hoë waarde toe te voeg; Verwelkoming van versoeke om veranderinge selfs laat in die ontwikkeling van produkte; Lewer so gereeld as moontlik bedryfsagteware met 'n siklus van 'n paar weke, wat die kortste sperdatums bevorder; Verseker permanente samewerking tussen belanghebbendes en die produkspan; Doen projekte met gemotiveerde mense, gee hulle die omgewing en ondersteuning wat hulle nodig het en vertrou hulle om die gestelde doelwitte te bereik; Vereenvoudig
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/te-min-dringendheid-met-gesondheidsombud-se-aanbevelings/
Daar word steeds nie genoeg gedoen om verkrummelende infrastruktuur, tekorte aan noodsaaklike medisyne en ander items, asook personeeltekorte by die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal (RMMCH) in Johannesburg te takel nie. Die kantoor van die gesondheidsombud het verlede maand ʼn verdoemende verslag uitgereik waarin skokkende bewerings oor omstandighede by die hospitaal bekend gemaak is. Die kantoor is meer as ʼn jaar gelede genoop om ondersoek in te stel nadat ʼn lid van die parlementêre gesondheidsportefeuljekomitee ʼn klag ingedien het oor die versorging van verwagtende moeders by die hospitaal. Die verslag het bevind dat die hospitaal ʼn vuil en onveilige plek is, met te min en verouderde hulpbronne en ʼn tekort aan personeel. Michele Clark, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê die party gaan nou aan die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, skryf om spesifieke tydsraamwerke vir die inwerkingstelling van aanbevelings te versoek. Dr. Tim de Maayer, ʼn spesialis by RMMCH, sê die verhouding tussen die hospitaal se personeel en bestuur het sedertdien verbeter, maar ander probleme wat hy en die ombud benadruk het, duur voort. “Tensy hierdie probleme dringend aandag kry, gaan personeelmoraal laag bly. Dit het ʼn uitwerking op personeel se geestesgesondheid asook op die gesondheid van pasiënte,” sê Clarke. Die DA sal die hospitaal ook besoek om te bepaal watter, indien enige, vordering met die inwerkingstelling van die ombud se aanbevelings gemaak is. “Dit is die tweede ondersoek by die hospitaal wat die Gautengse departement van gesondheid se omvattende versuim om die provinsie se gesondheidsektor te bestuur, in stand te hou en te ontwikkel blootlê en is tot nadeel van pasiënte en gesondheidsorgwerkers,” sê Clarke. Sy sê die voortgesette verval is ʼn aanklag teen die ANC-regering en ʼn ysingwekkende voorskou van wat by elke openbare gesondheidsinstelling in die land gaan gebeur as die Nasionale Gesondheidsversekering deur die parlement gestoomroller word. Phaahla het ná die bekendstelling van die verslag gesê sy departement sal dit eers in detail moet bestudeer voordat hy omvattend sal kan reageer op die kwessies wat in die verslag geïdentifiseer is. Die nasionale departement van gesondheid sal wel solank met die provinsiale departement in gesprek tree om die nodige finansiering vir die opknapping van die hospitaal te bekom.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2001-lupino-no-6
Lupino 6 Junie 2001 Artikel indeks Kritiese verbouingspraktyke van lupiene vanaf saai tot oes Herman Agenbag Inleiding Goeie verbouingspraktyke is noodsaaklik vir die suksesvolle verbouing van lupiene. Na die vestiging, wat saadbedvoorbereiding, saai van saad en bemesting insluit, is daar egter nog 'n paar kritiese verbouingspraktyke vanaf saai tot oes wat baie belangrik is soos: onkruidbeheer aanvulling van voedingstekorte insekbeheer siektes beweiding Weens 'n gebrek aan doeltreffende vooropkoms onkruiddoders sal produsente verplig wees om hul te wend tot die na-opkoms beheer van onkruide. Lupine is baie gevoelig vir kompetisie met breëblaaronkruide veral gedurende die vroeë groeistadium. Breëblaaronkruide is ook meer gevoelig vir onkruiddodders in 'n jong stadium (2-3 blaar) en is vroeë beheer dus baie belangrik. Tans is slegs die middels Brodal en Sinal beskikbaar vir na-opkoms beheer van hoofsaaklik ramenas en wilde mosterd in lupiene. Dit is baie belangrik om in gedagte te hou dat geeneen van hierdie middels saam met grasdoders toegedien mag word nie en dat daar 'n spesifieke wagtydperk voorgeskryf word. Dit is ook belangrik om te weet dat sekere lupiene cultivars veral van die soet smalblaar- en geellupiene meer gevoelig is vir die middels as breëblaarlupiene. Geelkleurige tot wit spikkels mag op blare ontwikkel wanneer Brodal gebruik word. Die intensiteit daarvan sal afhang van die cultivar se gevoeligheid vir die middel. Die letsels verdwyn later en het gewoonlik geen nadelige effek op die groei van lupiene nie. Daar is verskillende middels geregistreer vir die beheer van grasse soos Agil 100 EC, Co-Pilot, Focus Ultra en Gallant Super. Die tipe grasonkruide aanwesig in lupiene asook die groeistadium van onkruide sal bepaal watter grasdoder gebruik moet word asook die dosis. Die beste beheer van grasonkruide word gewoonlik verkry vanaf die 4 tot 6 blaar groeistadium. Algemene wenke vir effektiewe chemiese onkruidbeheer om in gedagte te hou is: Lupine is baie gevoelig vir breëblaaronkruiddoders wat by kleingrane gebruik word en moet die spuittoerusting vooraf baie deeglik met chemiese reinigingsmiddels skoongemaak word. Verseker dat die spuitpomp in 'n goeie werkende toestand is. Kalibreer die spuitpomp op die land wat gespuit moet word. Monitor die lewering van spuitpomp ten minste een maal per dag of elke keer wanneer van een kamp na 'n ander beweeg word om te verseker dat die kalibrasie korrek is. Maak gereeld seker dat spuitkoppe nie verstop is nie. Moenie spuit gedurende ongunstige weerstoestande soos sterk wind of reën wat egalige toediening kan belemmer met swak onkruidbeheer tot gevolg. Pasop vir oorwaai van spuitmis na nabygeleë gevoelige gewasse. Let op die mengbaarheid van middels. Lees die etiket baie noukeurig. Aanvulling van voedingstekorte Grondontledings bepaal watter voedingstekorte aangevul moet word. Indien geen grondontledings gedoen is nie kan blaarontledings ook van waarde wees om tekorte te identifiseer. Fosfaat- en kaliumtekorte word met saai aangevul terwyl makro-elemente soos koper, sink, boor, mangaan en molibdeen gewoonlik as 'n blaarbespuiting toegedien word. Lupine aanplantings moet liefs weekliks besoek word om gebreksimptome, wat gewoonlik swak groei tot gevolg het, vroegtydig waar te neem. Indien lupiene swak groei of "sieklik" vertoon is dit 'n vroeë aanduiding van een of ander voedingstekort. Lupineplante met 'n bleek groen kleur en donker blaarstingels dui op 'n stikstoftekort as gevolg van oneffektiewe of geen enting en dus ook geen stikstofbinding nie. Die probleem kan reg gestel word met 'n ligte stikstof bobemesting of 'n blaarbespuiting met natriummolibdaat. 'n Molibdeentekort vertoon identiese simptome. Indien lupiene se groei en kleur nie binne 7 tot 10 dae na toediening drasties verbeter nie moet daar na ander gebreksimptome gesoek word. Lupine se behoefte aan mikro-elemente is groter as die van koring en word dikwels oor die hoof gesien met swakker saadopbrengs tot gevolg. Volledige inligting ten opsigte van gebreksimptome by lupiene is beskikbaar in die Maart 2001 uitgawe van die lupiene nuusbrief. Insekbeheer Wees voortdurend op die uitkyk vir skadelike insekte veral gedurende die volgende groeistadiums: Saailing tot 6 weke na opkoms Rooibeen sandmyte en lusern-erdvlooie kan groot skade aanrig indien nie vroegtydig beheer word nie. Beskadigde plante vertoon bleekgroen as gevolg van skade aan bladgroen van blare. Vreetskade aan blare en saadlobbe sal duidelik sigbaar wees by nadere ondersoek. Beskadigde plante vertoon ook verpot as gevolg van verswakte groei. Snywurms kom soms ook sporadies voor gedurende die eerste paar weke na saai en kan groot skade aanrig. Die wurms vreet snags bokant die grond en skuil bedags ondergronds naby die plant se wortels. Wurms word maklik gevind wanneer die grond rondom 'n beskadigde plant weggekrap word. Blomperiode Plantluise kan ook skade aanrig, veral by soet smalblaar- en geellupiene. Plantluise is gewoonlik ook verspreiders van virussiektes. Peulvorming Wees op die uitkyk vir bolwurms. Ernstige skade aan sade kan groot saadverliese tot gevolg hê. Volgens Australiese bevindings kan een volwasse bolwurm 'n verlies van ongeveer R5 per hektaar aanrig. Besoek lupieneaanplantings gereeld weekliks vanaf blom tot ongeveer 3 weke voor oes ten einde plaag vroegtydig waar te neem. Verskeie middels teen bolwurms is plaaslik geregistreer. Middels met 'n berokingsaksie blyk baie doeltreffend te wees teen wurms wat binne die peule skuil en moeilik bereikbaar is. Siektebeheer Witroes en antraknose is tans die belangrikste siektes wat groot saadverliese tot gevolg kan hê. Witroes Indien witroes nie vroegtydig effektief beheer word nie, kan groot saadverliese ervaar word. Smalblaarlupiene is meer gevoelig as breëblaar- en geellupiene. Witroes verskyn gewoonlik vanaf middel Julie tot einde Augustus wanneer lupiene blom. Warm en droë toestande is bevorderlik vir die vinnige ontwikkeling van witroes terwyl koue nat toestande die siekte vertraag. Dit is belangrik om aanplantings gereeld te besoek, veral wanneer droë toestande heers sodat siekte vroegtydig waargeneem kan word. Begin chemiese beheer sodra die eerste simptome sigbaar is. Gebruik ten minste 500 liter water per hektaar aangesien die beste beheer verkry word wanneer plante deeglik benat word. Die middel Bayleton bied goeie beheer vir ongeveer 28 dae terwyl ander middels se nawerking wissel van ongeveer 7 tot 14 dae. Voorkomende bespuiting teen witroes blyk nie baie suksesvol te wees nie, aangesien meer as een bespuiting nodig sal wees. Antraknose Antraknose is 'n ernstige en vernietigende siekte wat 'n groot bedreiging inhou vir die verbouing van veral breëblaarlupiene. Soet smalblaarlupiene se weerstand teen antraknose blyk baie beter te wees, veral die cultivars Wonga en Tanjil. Die mees kenmerkende simptoom by volwasse plante is die gedraaide en geboë stamme met 'n kenmerkende letsel in die buiging van die stam. Die letsels vertoon pienk tot donkerbruin en kom gewoonlik tydens blom voor. Letsels ontwikkel ook later op peule en besmet sade. Tans is daar nog geen middels plaaslik geregistreer vir die beheer van antraknose op plante na opkoms nie. Die verbouing van weerstandbiedende cultivars blyk tans die enigste oplossing te wees. Beweiding Weens die smaaklikheid van soetlupiene word enige beweiding voor oes nie aanbeveel nie, aangesien dit groot en algehele verliese aan saadopbrengs kan meebring. Oestegnieke Volledige inligting omtrent oestegnieke sal in die volgende uitgawe (September) verskaf word. Saadkwaliteit – slegs gesertifiseerde saad aanvaarbaar vir die soetlupienebedryf Daar word met groot kommer kennis geneem van die toenemende neiging by produsente om eie saad terug te hou of saad by 'n ander produsent te koop. Die algemene verskoning vir hierdie praktyk is dat saadhandelaars se saad te duur is en die produksiekoste van lupiene onrealisties verhoog. Die logika van laer insetkoste as gevolg van goedkoper saad is verstaanbaar, veral in die huidige moeilike finansiële posisie waarin baie produsente hul tans bevind. Die werklike finansiële besparing word egter sterk betwyfel en die praktyk word ten sterkste afgekeur. Die nadele verbonde hieraan kan groot gevare inhou vir die soetlupienebedryf en selfs later tot sy ondergang lei. Daar is 'n ou spreekwoord wat lui "Goedkoop koop is duur koop" of die Engelse stel dit selfs 'n bietjie meer kras met "Pennywise and pound foolish". Nadele van eie saad of plaassaad Soetlupiene word tans as kontantgewas verbou vir die veevoermark en nie meer net vir eie gebruik op die plaas nie. Die veevoerbedryf, wie tans die belangrikste koper van lupiene is, stel baie spesifieke kwaliteitsvereistes waaraan lupienesaad moet voldoen. Seker die twee belangrikste vereistes is die bitterstof- of alkaloïed- en proteïeninhoud van lupienesaad. Die rede hiervoor is dat die produk (voer) smaaklik moet wees vir diere en ook oor 'n goeie voedingswaarde (proteïen) moet beskik. So byvoorbeeld is die maksimum toelaatbare alkaloïedinhoud slegs 0.03% terwyl die minimum vereiste vir proteïen onderskeidelik 31, 35 en 38% vir smalblaar-, breëblaar- en geellupiene is. Beide hierdie twee eienskappe is geneties oordraagbaar in saad en kan deur die herhaaldelike gebruik van eie saad verswak. Produsente is nie altyd bewus van die werklike alkaloïed- en proteïeninhoud van eie saad of die saad wat hul by ander produsente koop nie. Produsente kan dus onbewustelik lupiene produseer wat nie aan die koper se vereistes voldoen nie en dus afgekeur mag word met gepaardgaande finansiële verliese. Swak kwaliteit lupiene is onaanvaarbaar vir die veevoermark en kan dit vernietig. Die alkaloïed- en proteïeninhoud van gesertifiseerde saad word gereeld gemonitor. Die oordrag van ernstige siektes soos antraknose met eie saad of saad wat van produsente verkry word kan ook ernstige probleme veroorsaak. Volgens Europese bevindings kan slegs een besmette saad uit 10 000 sade (± 4-5kg) epidemiese voorkoms van antraknose onder gunstige toestande veroorsaak met totale uitwissing van lupieneaanplantings oor 'n baie wye gebied aangesien die siekte baie vinnig kan versprei. Antraknose is volgens wet 'n aanmeldbare siekte met nodige kwarantynmaatreëls. Ernstige voorkoms van siekte kan lei tot totale verbod op lupieneproduksie soos reeds van toepassing in sekere gebiede in Australië. Aanplantings vir produksie van gesertifiseerde saad word gereeld baie noukeurig gemonitor deur goed opgeleide persone vir die voorkoms van siektes. Sodoende word verseker dat saad vry van ernstige siektes is. Produsente beskik nie altyd oor die nodige kundigheid om siektes korrek te identifiseer nie en word besmette saad versprei wat kan lei tot totale misoeste en groot finansiële verliese. Eie saad of plaassaad word ook nie getoets vir suiwerheid en kiemkragtigheid nie. Swak ontkieming kan aanleiding gee tot swak plantestand met onrealistiese lae saadopbrengs. Vermengde lupienesaad mag onaanvaarbaar wees vir kopers. Saadhandelaars betaal tantieme op die verkope van alle saad aan die eienaars (telers) van die spesifieke cultivars. Hierdie tantieme word weer benodig vir die finansiering van teelprogramme wat baie duur is. Deur die koop van gesertifiseerde saad by saadhandelaars dra produsente dus indirek by tot die finansiering van teelprogramme. Teelprogramme is uiters noodsaaklik vir die voortdurende verbetering van cultivars. Dit is dus baie belangrik om eerder 'n bietjie meer te betaal vir goeie kwaliteit gesertifiseerde saad waarvan die bitterstof- en proteïeninhoud asook die kiemkrag en suiwerheid bekend is. Plaaslike lupienecultivars is geregistreer onder die Planttelersregte Wet wat die handeldryf met plaassaad verbied en strafbaar maak. Enquiries / Navrae Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western CapeInstituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. pietl@elsenburg.com Editors / Redaksie PJA Lombard J Bruwer Dr N KotzeSponsored by the Protein Research Foundation Geborg deur die Proteïennavorsingstigting
[]
http://tygerbergeisteddfod.co.za/how-to-fill-in-an-entry-form/
From the main menu choose ENTRY FORM. - Fill in all your school and personal details in the top part of the form. - In the section part of the form fill in the syllabus division code, then the syllabus code, then select the entry cost for the division ie single/duet/trio/quartet/group. If you are submitting a late entry please use the late entry cost. - Enter the number of entries. - This will give you a sub total. - If you have multiple entries please click the +ADD button and enter the next entry. Repeat till you have all the entries. - This will give you a total cost that you need to EFT to the administrator.( see how to EFT payment section in the menu) - HOE OM INSKRYWINGSVORMS AANLYN TE VOLTOOI Gaan na die hofie FORMS wanneer jy op die Eisteddfod webblad is - Klik op ENTRY FORM - Voltooi al die inligting soos bv Skool naam, adres ensovoorts, baie belangrik is dat al die velde wat in rooi soos volg in rooi aangedui is * voltooi is anders sal jou vorm NIE aangestuur kan word nie (baie belangrik!!!) - Wanneer jy by SECTION kom voltooi die volgende; - Division Code – DIT IS AL DIE AFDELINGS WAT IN DIE SILLABUS VERSKYN. Klik daarop – al die afdelings sal dan verskyn, selekteer die afdeling waarvoor jy wil inskryf – bv. Piano AA – Klik daarop. - Volgende stap – Division Number – Dit verteenwoordig die jaar/graad wat die deelnemer is wie jy gaan inskryf en dit kry jy in die SILLAUS.Tik die jaar waarvoor jy wil inskryf byvoorbeeld 19 dit stel 13 Jaar voor soos in die sillabus verskyn – jy tik net 19 by die Div Number in of die graad wat die deelnemer is. - Volgende Stap – Entry Cost – Klik daarop dan verskyn die verskillende kostes van AL die inskryings as jy ‘n solo inskryf sal jy DRAMA,MUSIC SINGLE R39 selekteer, as jy duet gaan inskryf sal jy DRAMA,MUSIC Duet R87 selekteer - Ignoreer die LATE ENTRY dit is alleenlik wanneer jy ‘n laat inskrywing gaan maak wat jy dit selekteer. - Volgende stap – # of ENTRIES – dit verteenwoordig die aantal inskrywings wat jy bv onder AA19 gaan ingeskryf die maksimum is mos 4 of as jul dubbel geaffilieer het 8 ensovoorts. - Volgende stap klik op ADD - Volgende Stap – Daar verskyn ‘n nuwe lyn waarop jy die volgende inskrywing moet invul, jy kan byvoorbeeld AL DIE AFDELINGS waarvoor jy gaan inskryf op EEN VORM doen - Jy ADD NET ELKE KEER en aan die einde – druk jy die SUBMIT knoppie. Jy kan later ‘n nuwe vorm voltooi as jy nie alles dadelik wil doen nie. ONTHOU NET DIT IS BAIE BELANGRIK OM aan die einde van die vorm wanneer jy klaar is die SUBMIT knoppie te druk. Wanneer jy submit gedruk het ontvang ek outomaties ‘n afskrif van jou inskrywings en jyself sal ook een ontvang wat jy moet hou om later wanneer ek die inskrywings wat ek in die databasis gevoer het aan jou terug stuur vir kontrolering. As jy nie die SUBMIT knoppie druk nie ontvang ek nie die vorm nie en jy kry ook nie ‘n afskrif nie en DAN MOET ALLES OORGEDOEN WORD. -
[]
https://www.lapa.co.za/plons-eboek
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. En nog belangriker – sy bied aan om hulle swembad skoon te maak. Dit beteken Henry hoef nie meer dié aaklige werk te doen nie! Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. En toe hy sy oë uitvee, het haar hele meerminfamilie – en hul meerminhond – hulle pens en pootjies in die swembad tuisgemaak. En Mila se ouma Mollie is ’n skoorsoekerige ou meermin wat selfs haar troetel-seeperdjies saambring en nie juis ’n geheim daarvan maak dat sy sommer in die swembad piepie nie. Hoe op aarde gaan hy van die spulletjie ontslae raak? ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2006-vismeel-en-oliekoek-behoeftes
Navorsingsverslag 2006/2007 7. Kort- en medium termyn behoeftes aan vismeel en oliekoek Gedurende die bemarkingsjaar wat strek oor die periode 1 April 2005 tot 31 Maart 2006 was die vraag na vismeel 80 000 ton en die vraag na oliekoek 1 414 338 ton. Dit weerspieël die hoeveelhede wat hoofsaaklik in die kommersiële mark verbruik is. Vir die voorafgaande periode 1 April 2004 tot 31 Maart 2005 was die ooreenstemmende verbruik 127 000 ton vismeel en 1 212 593 ton oliekoek. Gedurende die 2005/2006 bemarkingsjaar was daar dus 'n afname in die verbruik van vismeel van 47 000 ton of 37% teenoor die vorige bemarkingsjaar terwyl die verbruik van oliekoek met 201 745 of 16,6% toegeneem het oor dieselfde periode. Vir die 2006/2007 verslagjaar word die verbruik van vismeel op 60 000 ton geskat en die verbruik van oliekoek op 1 200 000 ton. Aanduidings is dat die verwagte verbruik van vismeel selfs laer kan wees en dat die verwagte verbruik van oliekoek onderskat word. Die afname in die verbruik van vismeel kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige markfaktore. Lae vismeelproduksie in die RSA asook internasionaal het gelei tot ongekende hoë pryse. Volgens kenners blyk dit ook nie 'n eenmalige gebeurtenis te wees nie, maar die begin van 'n periode van lae produksie en hoë pryse. In die RSA het die prys aansienlik gestyg as gevolg van die uitvoermark wat baie aanloklik geraak het. In die buiteland was daar pryse behaal van tot R7 500 per ton ex fabriek. Die gemiddelde prys vir 2005 was R3 625 per ton terwyl die gemiddelde prys vir 2006 R5 525 per ton was. Dit word verwag dat die gemiddelde vismeelprys vir 2007 op R6 200 per ton te staan sal kom. Hieruit is dit duidelik dat die verhouding tussen die vismeel- en soja-oliekoekprys uiters ongunstig geraak het vandaar dan ook die substituering wat plaasvind van vismeel deur soja-oliekoek. Teen die huidige pryse sal vismeel grootliks aangewend word in die akwakultuur bedryf en kleinere spesialis markte. Die wêreldproduksie van vismeel vir 2006 kom te staan op 5,3 miljoen ton en sal die produksie in 2007 van dieselfde orde wees. Soos reeds uitgewys was die toename in verbruik van oliekoek vanaf 2004/2005 tot 2005/2006 16,6%. AFMA-lede se verbruik van die totale oliekoek was 64,2% gedurende 2005/2006 teenoor die 67,5% van die vorige bemarkingsjaar. Vir 2006/2007 word dit verwag om meer as 80% te wees van totale verbruik. Soja-oliekoek is die belangrikste komponent van AFMA se oliekoekverbruik en kom te staan op 55,2% van die totale oliekoek verbruik. As die volvet soja, omgereken na oliekoek ekwivalent, bygetel word dan vorm sojaoliekoek 68,5% van AFMA se totale oliekoek verbruik. AFMA-lede sal ook na verwagting aansienlik meer oliekoek verbruik in die 2006/2007 jaar naamlik 1 062 672 ton teenoor die 907 582 ton van 2005/2006. Benewens die verwagte toename in verbruik van proteïen in totaal het die groter verbruik van oliekoek ook plaasgevind ten koste van vismeel vir redes soos voorheen vermeld. In 2005/2006 was die vismeel verbruik deur AFMA-lede 78 284 ton en sal dit na verwagting in die omgewing van 39 000 ton gedurende 2006/2007 wees. Gedurende 2004/2005 het AFMA 100 879 ton vismeel gebruik. Wêreldproduksie van die 7 belangrikste oliesade was 383,1 miljoen ton gedurende 2005/2006 teenoor die 371,8 miljoen ton gedurende 2004/2005. Na verwagting sal daar 'n verdere toename in produksie wees tot 392,8 miljoen ton vir 2006/2007. Eind voorrade sal ook met 4 miljoen ton toeneem tot 76,7 miljoen ton in 2006/2007 wat die voorsieningsposisie gunstig maak. Waarmee egter rekening gehou moet word is dat die toename in produksie van 9,5 miljoen ton minder is as die toename in verbruik wat 13,4 miljoen ton beloop het. Die verwagte ruim voorsieningposisie is veral meegebring deur die verwagte toename in wêreldproduksie van sojabone. Die verwagte wêreldproduksie van sojas in 2006/2007 is 234 miljoen ton wat 12 miljoen ton meer is as die produksie in 2005/2006. Uit die aard van die saak sal die verwagte wêreldproduksie van oliekoek ook toeneem van 224,6 miljoen ton in 2005/2006 tot 233,69 miljoen ton in 2006/2007. Die verwagte toename in produksie is egter in lyn met die verwagte toename in verbruik wat eindvoorrade onveranderd laat op nagenoeg 8 miljoen ton. Soja-oliekoek se verwagte produksie sal 156 miljoen ton wees wat 8,5 miljoen ton of 6% meer is as die produksie van soja-oliekoek in 2005/2006. Termyn pryse van sojas, soja-oliekoek en soja-olie internasionaal het die begin van Januarie 2006 verstewig. Twee faktore wat hiertoe aanleiding gegee het was fondsbestuurders wat fondse in daardie rigting gekanaliseer het en bekommernis oor droogtetoestande in die Suid-Amerikaanse produksie gebiede. Pryse van gelande soja-oliekoek in Durban was in Januarie 2006 net minder as R1 700 per ton. Dit het daarna begin verswak tot minder as R1 600 per ton waarna dit skerp begin styg het vanaf die middel van 2006. Die ingevoerde soja-oliekoek prys geland te Durban was in Augustus 2006 R 2 077 en Desember 2006 was dit R2 256. Faktore wat tot die styging bygedra het was: die verswakking van die Rand teenoor die Amerikaanse dollar (in Jaunarie 2006 was dit net meer as R6/dollar en in Augustus was dit R7,72/dollar); - die verwagting dat daar 'n groot aantal hektare in die VSA vanaf sojas vir mielies aangewend sou word weens die groot vraag na mielies vir etanol produksie; - relatief hoë pryse van vismeel en mielies wat ook sojapryse laat toeneem het; en - ongunstige klimaatstoestande. - Die RSA is nog steeds 'n netto invoerder van proteïen vir diereverbruik waarvan oliekoek en veral soja-oliekoek die belangrikste is. Van die totale behoeftes aan oliekoek vir die 2005/2006 bemarkingsjaar van 1 414 338 ton, kon die plaaslike mark slegs 572 231 ton of 40,4% produseer. Dit beteken dat bykans 60% of 842 107 ton van die plaaslike behoeftes ingevoer moes word. Gedurende die vorige bemarkingsjaar was die ingevoerde oliekoek 34,4% van die totale benodigdhede. Die totale produksie van oliekoek vir die 2006/2007 bemarkingsjaar sal na verwagting verhoog veral as gevolg van die aansienlik groter soja-oes gedurende 2006. Projeksies wat op 'n jaarlikse grondslag gedoen word van oliekoekbenodigdhede toon dat dit vir 2010 en 2020 onderskeidelik 1 484 443 ton en 2 105 083 sal wees. Die projeksie vir 2020 is aansienlik hoër teenoor dit wat verlede jaar bereken is, hoofsaaklik as gevolg van verbeterde ekonomiese toestande. Gegewe die PNS se mikpunt om die RSA minder afhanklik te maak van ingevoerde proteïen vir diereverbruik is dit verontrustend om waar te neem dat die historiese groei van oliekoek verbruik per jaar (6,85%) nog steeds hoër is as die historiese jaarlikse groei in produksie van 6,36%. Laasgenoemde tendens (6,36%) is ook nie volhoubaar nie omdat dit beïnvloed is deur 'n paar besonderse gunstige produksie jare. Voorafgaande tendense het dan ook tot gevolg dat die historiese jaarlikse groei in invoere van oliekoek op 8,85% te staan gekom het. Die situasie kan in die toekoms egter drasties verbeter as die Regering 'n aanvaarbare strategie vir bio-brandstowwe kan finaliseer wat aanleiding sal gee tot die tot standkoming van 'n winsgewende bio-brandstofbedryf op 'n volhoubare grondslag. Neweprodukte soos oliekoek en DDGS kan die plaaslike voorsieningsposisie 'n aansienlike hupstoot gee. Navorsing word egter benodig ten opsigte van die aanwending van DDGS asook om geskikte soja-cultivars vir biodiesel aanlegte beskikbaar te stel.
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/live-shea-stadium
Regstreeks in die Shea-stadion Hierdie reeks is 'n gewilde bootleg wat nou amptelik vrygestel word rondom sy 26ste bestaansjaar, en dokumenteer die Clash se beroemde optrede vir die Who in die Shea-stadion wat binnekort gesloop sal word. Terwyl die 'geen toekoms' van Sex Pistols die slagspreuk-slagspreuk vir die eerste golf Britse punkrock geword het, het hul mededingers in Londen, die Clash, hul program gebou op 'n edik van 'geen verlede'. Soos Julien Temple se onlangse dokumentêr, Joe Strummer: The Future Is Unwritten , geïllustreer, het die titulêre Clash-frontman baie moeite gedoen om homself van sy gevestigde pre-punk / pub-bandwortels te distansieer, en miskien as gevolg daarvan het die Clash harder as die meeste teen die klassieke rock-heldeverering geveg deur name te neem ('geen Elvis, Beatles of die Rolling Stones in 1977 nie!'), wat heilige riffe (die Who's 'I Can't Explain' in 'Clash City Rockers' gesteel het) gesteel en popgeskiedenis in hul eie beeld herontwerp het (die Elvis- gevee omslagkuns van London Calling ). Hierdie oortreders van 'die valse Beatlemania' moes sekerlik lekker gelag het oor die vooruitsig om een van die belangrikste terreine van die ware Beatlemania te verower. Natuurlik is daar op 13 Oktober 1982 'n uitnodiging van die Who to get the Clash into Shea Stadium nodig, maar op 'n manier wat die verhaal net nog meer ryk maak: die punks ontmoet die peetvaders - die voormalige by die toppunt van hul kommersiële opkoms, laasgenoemde op pad na die eerste van vele aftredes. Maar terwyl die twee groepe uit verskillende tydperke gebore is, het albei soortgelyke trajekte gevolg, en elkeen het hul eie ontsnap uit die garageland gemaak om meer ambisieuse musikale planne na te streef. En tog Regstreeks in die Shea-stadion ('n gewilde bootleg wat nou op sy 26ste bestaansjaar amptelik vrygestel word) beteken iets meer as net die verbygaan van die fakkel tussen twee generasies van geeste; dit dokumenteer ook die eerste keer dat klas-of-77 punk-rockers na die Amerikaanse stadionbaan gegradueer het, en die pirriese oorwinning daarin vervat. Die Shea-show was nie die grootste wat die Clash ooit in Amerika gespeel het nie (dit sou die Amerikaanse fees in 1983 wees), en ook nie die mees aansteeklike nie (sien: die legendariese reeks van 17 vertonings in New York se Bond Casino in 1981), maar die meeste vang die Clash se mees blywende eienskappe lewendig vas: die triomf en die verdrukking van populistiese punks. Dit is gepas dat die kroning van die Clash's Shea-stadion in 'n stortreën van baie Engelse reën kom. Maar waar die Who so 'n agtergrond kan gebruik om 'n tipies skitterende weergawe van 'Love, Reign O'er Me' vir die Clash te dramatiseer, was die sogter weer 'n ideale manier om 'n balpark meer soos 'n sweet duik te laat voel. Na 'n humoristiese openingspel van Kosmo Vinyl van die Clash-kohort, stel Joe Strummer 'London Calling' voor deur 'welkom by die Casbah Club' te verklaar! ' Dit is die eerste van die vele kwinkslae wat Strummer gebruik om die stadionspektakel in 'n meer klubagtige afmeting te verklein ('shhh ... wil u asseblief agterop praat, dit is te hard!'), En hy is ook versigtig om nie sy verhoogde podium te draai nie. kansel toe; In plaas van die kollig te gebruik om die Amerikaanse massas te leer oor die stedelike onrus wat 'Guns of Brixton' geïnspireer het, bied Strummer eenvoudig aan: 'As u nie weet wat aangaan nie, vra dan net die persoon wat langs u staan.' Die vooruitsig van die BBC Radio Global is 'n Go-Go-uitsending wat sy latere loopbaan sou definieer. Sandinista se rap-rock prototipe 'The Magnificent Seven' en Willie Williams 'reggae standaard' Armagideon Time 'asof hy 'n bus megafoon vashou:' Dit is 'n swart New Yorkse ritme wat ons een aand gesteel het ... so terwyl ons hier is As ek ons dingetjie doen, neem ek jou na Jamaika ... so hou vas, sit jou veiligheidsgordels vas, blus alle korwe! ' Maar terwyl Strummer se verhooggesprekke gereeld die oënskynlike absurditeit van die Clash in 'n lokaal van die grootte van Shea beklemtoon, regverdig die stellys meer as die bevordering daarvan, en dit hou ook by die aloude stadion-rocktradisie om die treffers te speel en speel hulle gereeld; selfs die destydse vrystelling van die groep, Bestry Rock , word slegs verteenwoordig deur sy twee gewilde enkelsnitte (wat beteken dat daar geen 'Straight to Hell' te lok is in pas aangekomde 'Paper Planes' jaers nie). Dit beklemtoon die verbysterende optog van klassieke singles wat die orkes in net vyf kort jare bymekaargemaak het, die ongelooflik goed bewaarde (of baie opgeknap) Regstreeks in die Shea-stadion opnames laat die teenstrydige konsep van stadion-punk na 'n natuurlike toestand lyk: indien enigiets, klink die slot-en-laai-riffs van 'Tommy Gun' en die skree-en-antwoord-herwerking van Eddy Grant se 'Police on My Back' soos hulle is oorspronklik ontwerp met die oog op die bleikers. Regstreeks in die Shea-stadion gee egter ook 'n blik op die eksistensiële kwade wat agit-punk-nageslag van Rage Against the Machine to Against Me sou tref! verder: dit is die inherente probleme om u aktivistiese politiek met u groeiende banksaldo te versoen. Aangesien die eenmalige Clash-oorspronklike weergawe van hul debuut in 1977 'Career Opportunities' lyk, is dit 'n besonder vreemde keuse om by Shea te speel, al was dit net omdat hierdie soort optredes die Clash vir ewig van die dollyne gedemp het wat hieronder uiteengesit word hulself blykbaar reeds met aangespreek het Sandinista! se brutale kiddie-kooromslagweergawe). U kan ook hoor hoe die spanning in die band uitspeel in die taamlike hol weergawe van 'Rock the Casbah', wat ly aan die fisieke en geestelike afwesigheid van Topper Headon, die tromspeler wat die ritme van die lied en sy onuitwisbare klaviergerol uitgedink het. haak, maar wie se chroniese dwelmprobleme hom aan die vooraand van die groep uit die groep gesit het Bestry Rock toer (vervang deur die oorspronklike Clash-tromspeler Terry Chimes). As gevolg hiervan word die mees moeitelose funky deuntjie van die Clash weergegee as 'n taamlik vreugdelose, gestandaardiseerde kitaar rocker - een wat die vlaggeesdrif verraai wat Mick Jones uiteindelik minder as 'n jaar later sou pak, en Strummer sou dwing om die band diep te ses vir goed na 1985 se ronde bespotting Sny die Crap , die enigste band wat saak maak, is stilgemaak met skaars 'n gemompel. In 'n sluwe voorgevoel van hul eie naderende ineenstorting, het die Clash die Shea-stadion aangemoedig met hul kenmerkende voorblad van die 'I Fought the Law' van die Bobby Fuller Four, die ultieme strydlied vir diegene wat nie meer in hulle oorgebly het nie. Die Clash het miskien by Shea opgedaag om die Who's-fakkel te beërf en 'n nuwe model van die rockster van die denkende persoon vir die 1980's te skep, maar uiteindelik het hulle die hand-off geslaan - en 'n groep Iere was meer as bly om van die kantlyn af in te swaai en daarmee weg te hardloop. Terug huistoe
[]
https://www.philadelphiagemeente.com/offergawe
BANKBESONDERHEDE Philadelphia-Gemeente Bank: ABSA Bankrekeningnommer: 540580065 Die gemeente erken dat offergawes ‘n liefdesdaad en daarom ook vrywillig van aard is. Verder word daar ook erkenning gegee aan die gebruik oor die jare heen, waarskynlik vanweë die geografiese verspreidheid en gebrek aan vervoermiddels in die verlede, dat die ampsdraers, en met spesifieke verwysing na die Diakens, van huis tot huis gegaan het om gemeentelede se offergawes in te samel en aan die gemeente se koffers oor te handig, vanwaar die gemeente homself in stand kon hou. Die gebruik het dan waarskynlik gegroei vanaf die ongereelde kollekteer op die plase wanneer die oes van die lande gekom het tot ‘n aksie wat vir baie dekades daarop gesentreer was om die “tiendes” van gesalarieerde gemeentelede op ‘n maadelikse basis te gaan haal. In wese is offergawes egter wat die woord aandui: ‘n offer aan die Here uit dankbaarheid vir sy groot genade en liefde teenoor ons as sondige mense. By implikasie is ‘n offer ook iets wat ek dus uit liefde bring na God - vergelyk die Ou-Testamentiese gebruik van die Israeliete om altare te bou en hulle brandoffers daarheen te neem, of in latere tye na die tempels. Ons dink ook aan die fasiliteite wat by tempels ontstaan het waar die Jode die offeritems by die tempel gekoop het vir gebruik in die tempel. Die reëling was dat offers na die plek van aanbidding gebring is en nie noodwendig gaan haal is nie. In ons gemeente wil ons dus graag die gebruik van offergawes bring teenoor die gaan haal daarvan hervestig. Dit is egter ook waar dat die vorm van die hedendaagse gemeente, met sy geboue, leraars, ondersteuningsdienste en uitreikaksies, baie soos enige sake-onderneming bedryf word en derhalwe gereelde maandelikse uitgawes in die gesig staar. Daarom is dit dus belangrik dat die gemeente se stoflike sake ook so bestuur moet word en is die kerkraad afhanklik van ‘n gereelde maandelikse inkomste ten einde die uitgawes te kan dek. Ons sien, ten spyte van al die materiële dinge rondom offergawe, ons offergawe steeds as ‘n dankie sê aan die Here en ‘n belegging in God se werk. Offergawe My belegging in die uitbreiding van God se koninkryk Die gemeente Philadelphia samel sy offergawes op verskeie maniere in. Die meerderheid van lidmate maak gebruik van elektroniese offergawes op ‘n paar wyses, naamlik Debietorders, Aftrekorders en Internetbetalings. ‘n Mindere aantal lidmate bring hul offergawes na die kerk en plaas dit in die dankoffersakkies as kontant of tjeks, waarvan sommige hulself identifiseer deur die offergawe in ‘n koevert met hulle naam te sit, terwyl ander bloot ongeïdentifiseerde kontant in die sakkie plaas. ‘n Lidmaat kan ook versoek dat dit vir ‘n spesifieke doel aangewend word. Bevestig asb die korrektheid van u inligting soos per die gemeenterekords. Indien iets nie korrek is nie, voltooi asb die vorm by die Info-tafel. Ons sal dit ook waardeer indien u kan aandui wat u nuwe offergawe is, asook die datum waarop ons dit moet aanpas. Die gemeente se nuwe finasiële jaar begin met ingang 1 Maart. Weereens baie dankie vir die belegging wat u maak in die uitbreiding van God se koninkryk.
[ [ "[]", "http://philadelphiagemeente.com/(https://static.wixstatic.com/media/c296b0_e6780fc7f77e4f1d850db7c729a76c28.jpg/v1/fill/w_389,h_273,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/c296b0_e6780fc7f77e4f1d850db7c729a76c28.jpg)" ] ]
https://bulletin.co.za/begroting-regering-voorsien-transnet-van-r47-miljard-waarborg-bedrag-vir-herstelplan-klank/
# Die regering het Transnet voorsien van ‘n waarborg-bedrag ter waarde van 47-miljard-rand om sy herstelplan te ondersteun en onmiddellike skuldverpligtinge na te kom. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê die waarborg is gekoppel aan voorwaardes wat vereis Transnet moet op sy kernbedrywighede fokus, en die instelling moet privaat sektor vennootskappe instel. Godongwana sê ‘n privaat vennoot is verkry om hawehoof twee van die Durbanse houerterminaal op te gradeer, met die doel om privaat belegging te verhoog, tegnologiese vermoë te verbeter en bedryfsdoeltreffendheid te verbeter: BEGROTING: Regering voorsien Transnet van R47-miljard-waarborg-bedrag vir herstelplan [KLANK] ENG GodongwanaOnTransnet
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=31-januarie-2013
Notule Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum (SSF) gesamentlike vergadering gehou om 10h00 op 31 Januarie 2013 by die PNS-kantore, Woodmead Opening Die vergadering word met gebed geopen deur Dr Jan Dreyer. Verwelkoming Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal welkom by die tweede gesamentlike vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum, en heet in die besonder vir Dr Chetty en Mnr Van Zyl welkom, wat vir die eerste keer 'n vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum bywoon. Presensie Teenwoordig Mnr GJH Scholtemeijer Voorsitter Mnr J Botma Produsent: Vrystaat Dr E Briedenhann PNS Mnr L Büchner Produsent: Noordwes Dr L Chetty SANSOR Mnr H Conradie Produsent: Mpumalanga Me AS de Beer LNR-IGG Dr J de Kock PNS Mnr J Diekmann PNS Dr J Dreyer PNS Mnr CJ du Plessis Produsent: KwaZulu-Natal Dr L du Plessis PNS-Konsultant Mnr C Havenga PNS-Kontrakteur Mnr NJ Hawkins SAGIS Mnr M Jansen van Rensburg Dept Landbou: Mpumalanga Mnr G Keun Hoof Uitvoerende Beampte Mnr C Joubert NLBR Mnr R Kuschke Klein Karoo Saad Dr S Lamprecht LNR-NIPB Me C Makobe DLBV Me C Mapatlare DLBV Mnr V Mapfumari DLBV Dr D Marais Universiteit van Pretoria Dr F Meyer PNS/BFAP Mnr ML Mosome DLBV Dr A Nel LNR-IGG Mnr FAS Potgieter PNS/GraanSA Mnr G Roos Produsent: Mpumalanga Me T Rudman SANCU Me M Scheepers DLBV Mnr D Strydom Universiteit van die Vrystaat Me J Truter LNR-IGG Me J Tshupe OAK Dr W van der Walt OAK Mnr D van der Westhuizen Produsent: Mpumalanga Mnr R van Niekerk Agricol Dr P van Twisk PvT Consultants Me R van Vuuren Madumbi Mnr W van Wyk PNS-Kontrakteur Mnr APG van Zyl Produsent: Oranjerivierskema Mnr L Verhoef Agratech Trade Me E Harmse PNS-Kontrakteur Verskonings Mnr D Boshoff AFMA Mnr A Boon BASF Mnr W Cronjé Impilo Mnr G de Beer Mnr G de Beer Prof D Fourie Noordwes-Universiteit Mnr J Henning Universiteit Vrystaat Mnr D Kok AFMA Mnr W Lemmer GraanSA Mnr C Louw GraanSA Me W Louw SAGL Dr A Lubbe GSI Mnr T Prinsloo LNR-IGG Dr G Thompson LNR-IGG Dr S Ybema Dr S Ybema NWK Mnr C van Rooyen Landbouweekblad Mnr N Wegner PPECB Personalia Dr Lamprecht word gelukgewens met die vierde Dan in karate, wat sy behaal het. Dr Meyer en sy gade word gelukgewens met die geboorte van hul derde seun. Vasstelling van die sakelys Die sakelys word aanvaar, met toevoeging van: Punt 13.10 Wetgewing: Plaaswerktuie op openbare paaie; Punt 13.11 DLBV/NLBR: Sojabooninisiatief; Punt 13.12 Supply and Demand Estimates Committee; en Punt 13.13 USDA Food System study. Goedkeuring van notule Notule van die gesamentlike vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012, en verwysing na webblad Besluite: Die notule van die gesamentlike vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum gehou op 25 Oktober 2012 word as gelese beskou en goedgekeur. Die notule van die gesamentlike vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum gehou op 25 Oktober 2012 word na die Bemarkingskomitee verwys, vir plasing op die webblad van die PNS. Algemene oorsig Oesskatting Daar word kennis geneem van die dokument rakende die finale aantal hektare beplant en die gewasproduksiedata van kommersiële mielies, sonneblom, sojabone, grondbone en sorghum vir 2012, asook die dokument insake die oppervlakteskatting en vyfde produksieskatting van wintergewasse vir 2012, en die dokument insake die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2013. Die Voorsitter neem die dokument wat Me Scheepers saamgestel het met die oog op die vergadering ter tafel, en stel Me Scheepers aan die woord. Me Scheepers rapporteer dat die finale grootte van die kommersiële sojaboonoes vir 2012 gestel is op 650 000 ton. Sy sê dit is die tweede grootste plaaslike oes wat nog ooit behaal is, en dat dit 60 000 ton of 8% minder is as die vorige seisoen se skatting van 710 000 ton. Sy meld verder dat die oes van 650 000 ton 194 200 ton, of 43%, meer is as die vorige vyfjaargemiddelde oes van 455 800 ton, en 294 498 ton, of 83%, meer is as die vorige tienjaargemiddelde oes van 355 502 ton. Sy sê die gemiddelde opbrengs in 2012 was 1,38 ton per hektaar, wat 19% laer is as die 1,7 ton per hektaar van die vorige seisoen. Die Voorsitter sê die opbrengsdaling gedurende die vorige seisoen kan toegeskryf word aan die droogte wat gedurende daardie tydperk voorgekom het. Me Scheepers verwys na die voorlopige oppervlakteskatting vir sojaboonaanplantings in die 2012-2013 produksieseisoen, wat 529 000 hektaar beloop. Sy sê dit verteenwoordig 'n toename van 57 000 hektaar, of 12%, vergeleke met die 472 000 hektaar, wat die vorige seisoen geplant is, en is die grootste oppervlakte wat nog ooit plaaslik met sojabone beplant is. Sy noem dat dit ook 25 000 hektaar, of 5%, meer is as die voornemens om te plantsyfer van 504 000 hektaar, soos vrygestel in Oktober 2012. Sy sê dié oppervlaktetoename kan toegeskryf word aan goeie pryse en die uitbreiding van verwerkingskapasiteit. Me Scheepers sê volgens die voorlopige oppervlakteskatting vir 2013 is die meeste sojabone in Mpumalanga en die Vrystaat geplant, met 215 000 hektaar elk, gevolg deur KwaZulu-Natal met 34 000 hektaar, Limpopo en Noordwes met 22 000 hektaar elk, met die oorblywende provinsies wat 21 000 hektaar verteenwoordig. Me Scheepers rapporteer dat die finale kommersiële sonneblomoes vir 2012 op 522 000 ton gestel is. Sy sê dit is 338 000 ton, of 39%, minder as die vorige seisoen se skatting van 860 000 ton, en voeg by dat dit ook 142 600 ton, of 21%, minder is as die vorige vyfjaargemiddelde oes van 664 600 ton, en 146 240 ton, of 22%, minder is as die vorige tienjaargemiddelde oes van 668 240 ton. Met verwysing na die voorlopige geskatte oppervlakte wat in 2013 beplant is met sonneblom, wat 485 000 hektaar beloop, sê Me Scheepers dat dié skatting 'n toename van 31 650 hektaar of 7% verteenwoordig, vergeleke met die 453 350 hektaar wat die vorige seisoen geplant is. Sy meld verder dat dit 40 000 hektaar, of 8%, minder is as die voornemens om te plantsyfer van 525 000 hektaar, soos vrygestel in Oktober 2012. Die Voorsitter rapporteer dat die Oliesade-Advieskomitee van die oliesadebedryf met kommer kennis geneem het van die posisie waarin die plaaslike sonneblombedryf homself bevind, en besluit het om befondsing beskikbaar te stel vir 'n sonneblomwaardekettingstudie. Dr Briedenhann bevestig dat sonneblomoliekoek van groot belang is vir die dierevoerbedryf. Hy sê 'n oes van nagenoeg 900 000 ton sonneblom kan jaarliks deur die bedryf geabsorbeer word. Me Scheepers sê volgens die voorlopige oppervlakteskatting vir 2013 is 210 000 hektaar sonneblomsaad in die Vrystaat geplant, terwyl 165 000 hektaar sonneblom in Noordwes geplant is, en 100 000 hektaar in Limpopo. Sy noem dat 'n verdere 10 000 hektaar sonneblom aangeplant is in die ander provinsies. Mnr Potgieter rapporteer dat daar tydens 'n GraanSA-vergadering berig is dat produsente geweldige probleme ervaar met die stand van sonneblom. SAGIS Mnr Hawkins bied 'n voorlegging aan oor die plaaslike en internasionale vraag- en aanbodsituasie ten opsigte van sonneblom en sojas, en van die plaaslike sonneblom- en sojaproduksiedata versus data rakende produsentelewerings. Hy verskaf ook 'n oorsig van sonneblom- en soja-invoere en -uitvoere, -verbruik, -voorrade, en plaaslike en internasionale pryse. Hy sê dié inligting word ook gepubliseer op die webblad www.sagis.org.za. Mnr Hawkins noem dat 104 medewerkers ten opsigte van sonneblom, en 105 medewerkers ten opsigte van sojas, inligting voorsien aan SAGIS. Hy spreek sy waardering uit teenoor die Raad van Direkteure van SAGIS, en teenoor die oliesadebedryf en alle ander rolspelers wat ondersteuning bied aan SAGIS. Daar word kennis geneem van die dokument getitel SAGIS Markinligting, gedateer 31 Januarie 2013, van die Weeklikse Bulletin, gedateer 15 Januarie 2013, en van die Maandelikse Bulletin, gedateer 20 Desember 2012. Mikpunte – 2020 Die Voorsitter noem dat die PNS 'n mikpunt van 2,2 ton per hektaar op droëland as mikpunt teen 2015, en 2,5 ton per hektaar op droëland teen 2020, gestel het. Hy sê hierbenewens is 'n mikpunt van 1 miljoen ton sojas teen 2015 gestel, met 'n verdere mikpunt van 1 miljoen hektaar onder sojabone en 'n opbrengs van 2,5 miljoen ton sojabone teen 2020. Dr Meyer sê die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) werk op die aanname dat landbougrond met nagenoeg 200 000 hektaar gaan verminder in die loop van die volgende tien jaar, maar dat die gemiddelde opbrengste per hektaar sal toeneem. Weer- en klimaatsvooruitskouing Mnr Botma sê hoewel bogemiddelde reënval voorspel word vir Februarie, sal die reëns na verwagting kol-kol neersak. Kwaliteit van sojabone en soja-oliekoek Dr Briedenhann sê hoewel die betekenisvolle toename in plaaslike soja-verwerkingskapasiteit vanuit alle oorde verwelkom is, speel die kwaliteit van die soja-oliekoek wat geproduseer word 'n baie belangrike rol in die toekomstige ontwikkeling van die bedryf. Hy noem dat groei in die bedryf bepaal sal word deur die mate waarin die plaaslike produk die ingevoerde produk kan vervang. Hy sê na verwagting sal voldoende perskapasiteit teen 2014 beskikbaar wees vir 2 miljoen ton sojas. Mnr Keun rapporteer dat die oliesadebedryf befondsing beskikbaar gestel het vir 'n opname van die plaaslike sojaboonoeskwaliteit, waarvan die verslag onlangs gepubliseer is, en kopieë by hom bekom kan word. Hy sê die voortsettingsaansoek ten opsigte van die projek word tans oorweeg. Planttelersregte en -beleid Dr Van der Walt rapporteer dat konsepwysigingswetsontwerp op Planttelersregte tans oorweeg word deur die Regsraad in Kaapstad. Sonneblominligting Mnr Keun rapporteer dat die moontlikheid tans oorweeg word om sonneblomproduksie-inligting op 'n gereelde basis te publiseer, geskoei op die model van die Amerikaanse National Sunflower Association se publikasie Sunflower Week in Review. Mnr Keun rapporteer voorts dat die saak bespreek is met GraanSA en die LNR-IGG, en dat voorgestel is dat artikels op 'n maandelikse basis gepubliseer word. Hy sê verdere ondersoek sal ingestel word na die aangeleentheid, waarna terugvoering verskaf sal word oor die vordering wat behaal is. Besluit: Dat terugvoering ingewag word oor vordering wat behaal is om sonneblomproduksie-inligting op 'n gereelde basis te publiseer. Mnr Keun Sojawerkgroep & SSF Markaangeleenthede Huidige prys van sojabone – Internasionaal en Plaaslik Dr Briedenhann rapporteer dat die prys van 47% proteïen sojaboonoliekoek geland te Durban die vorige dag te staan gekom het op R5 400 per ton, soos bereken teen 'n wisselkoers van R8,97/US$. Hy sê die waarde van 110% volvetsoja word dus bereken op R6 286 per ton, en die riglynprys aan produsente op R5 128 per ton. Hy noem dat die SAFEX-termynpryse vir Mei die vorige dag gesluit het op R4 635. Dr Briedenhann noem dat die Suid-Amerikaanse sojaboonoes tans van deurslaggewende belang is, met die internasionale boonvoorraad wat tans onder groot druk verkeer. Hy sê die nat weerstoestande in Brasilië vertraag die oesproses. Hy noem dat Argentynse produsente hul boonvoorrade terughou, aangesien 'n groot depresiasie in die Argentynse peso verwag word. Hy sê daar word verwag dat internasionale sojaboonpryse relatief stewig sal bly vir ten minste die volgende ses maande. SAFEX Daar word kennis geneem van die SAFEX-markinligting soos op 16 Januarie 2013. Produsente-aangeleenthede Sojabone KwaZulu-Natal Algemeen Mnr Du Plessis rapporteer dat die gewasse wat in die huidige seisoen aangeplant is in KwaZulu-Natal, almal baie goed vertoon. Hy sê heelwat reën het tot dusver in dié provinsie neergesak. Mnr Havenga spreek die vermoede uit dat ongeveer dieselfde opbrengs as die vorige seisoen se 81 600 ton in die huidige seisoen gelewer sal word. Super Sojakompetisie (Besluit 9.1.1.2.1 van die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012)Mnr Du Plessis rapporteer dat die Super Sojakompetisie 'n gedaanteverwisseling ondergaan het, met die fokus wat verskuif het vanaf die beste marges wat behaal is, na die beste opbrengs wat behaal is. Hy sê 25 deelnemers het reeds ingeskryf vir die kompetisie, met 'n verdere vyf inskrywings wat na verwagting nog ingedien sal word. Die Voorsitter sê hy en Mnr Du Plessis sal samesprekings voer oor die herbenaming van die Super Sojakompetisie na die meer gepaste Soja-opbrengsuitdaging. Mpumalanga en Gauteng (Besluit 9.1.2.1.1 van die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012)Mnr Van der Westhuizen rapporteer dat die sojabone in sy distrik aanvanklik nie so goed ontwikkel het dié seisoen nie, moontlik weens die dag- en nagtemperature wat nie saamgespeel het nie. Hy sê hoewel groot kolle hael ook sporadies voorgekom het na Bethal se kant toe, en Sclerotiniabesmetting voorgekom het op aanplantings in Nigel, lyk die aanplantings verder mooi. Mnr Van der Westhuizen rapporteer voorts, en sê kransduiwe en muise rig die afgelope aantal jare baie skade aan op die Hoëveldse sojas. Mnr Van der Westhuizen bevestig op navraag dat meer hektare sojas in Mpumalanga aangeplant is as die vorige seisoen. Mnr Conradie sê in die omgewing waar hy boer is ongeveer dieselfde hoeveelheid sojas aangeplant as in die vorige jaar, maar voeg by dat opbrengste na verwagting heelwat meer sal wees as dié van die vorige jaar, indien die hael wegbly. Hy noem dat die sojas tans blom, en goed vertoon, en dat daar genoeg vog is. Mnr Roos bevestig dat die potensiaal goed is, hoewel erge koue voorgekom het gedurende Novembernagte, wat nou merkbaar is in die lande, met rye wat sukkel om toe te kom. Hy sê in die omstreke van Middelburg, Hendrina en Wonderfontein is bietjie meer sojas geplant. Hy noem dat van die bure in sy omgewing probleme gehad het met swak stand waar nuwe saad aangeplant is, terwyl geen standprobleme ervaar is met teruggehoude saad nie. Hy sê die probleem is nie slegs beperk tot saad van 'n spesifieke cultivar van 'n spesifieke saadmaatskappy nie. Dr Lamprecht bevestig dat grond- en plantmonsters aldaar geneem is, wat tans ontleed word vir grondgedraagde patogene. Mnr Van Niekerk noem dat Agricol nog nie kommersiële saad vrygestel het nie. Hy sê klaarblyklik het swak stand voorgekom by sojas wat vroeg geplant is. Mnr Büchner noem dat dit algemeen bekend is dat aanpasbaarheidsprobleme ondervind word met nuwe saad wat in Mpumalanga aangeplant word, terwyl die teruggehoude saad vanaf die tweede jaar heelwat beter presteer. Die Voorsitter reël dat die besluit rakende die bemestingsproewe op Mnr Roos se plaas oorstaan. Besluit: Dat die bemestingsproewe wat op Mnr Roos se plaas onderneem is, bespreek word tydens die volgende Sojawerkgroepvergadering. Mnr Roos Dr De Kock Sojawerkgroep Noordwes- en Limpopoprovinsie (Besluit 7.3.1 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012)Mnr Potgieter sê dit wil voorkom asof bietjie meer sojas aangeplant is, veral na die verre weste se kant toe. Hy meld egter dat reën dringend nodig is in daardie gebiede. Dr De Kock rapporteer dat Dr Marais 'n student by die Universiteit van Pretoria identifiseer het, wat 'n literatuurstudie sal onderneem oor besproeiingskedulering by sojabone. Hy sê die student is attent gemaak daarop dat Mnr Willie Jonker van Obaro en andere met sojas in besproeiingsgebiede gewerk het. Hy noem dat internasionale literatuur ook nagegaan sal word, en dat 'n inligtingstuk saamgestel sal word aan die hand van die bevindinge van die literatuurstudie. Hy sê 'n navorsingsprojek kan ook moontlik voortvloei uit die studie. Dr De Kock rapporteer dat probleme die vorige seisoen ondervind is in die omstreke van Brits, met besproeiing wat té vroeg onttrek is. Hy sê dit het strestoestande tot gevolg gehad, wat die sojas ontvanklik gemaak het vir houtskoolvrot. Mnr Potgieter sê sover sy kennis strek is die besproeiing nie te vroeg onttrek nie, maar is die probleme veroorsaak deurdat produsente se besproeiingstoerusting nie voldoende is om die hoeveelheid hektare wat beplant is, te benat nie. Dr Marais sê sy sou dit waardeer indien die lede persone wat om inligting geraadpleeg kan word kan identifiseer. Mnr Van Zyl noem dat produsente in die Oranjerivierbesproeiingskema van die Suid-Vrystaat en Noord-Kaap besproeiingskedulering op 'n baie gevorderde wetenskaplike vlak toepas, ten einde maksimum winste te genereer. Hy bevestig dat hy beskikbaar is vir raadpleging. Mnr Roos rapporteer dat produsente nie meer bereid is om sojas onder besproeiing in Mpumalanga te verbou nie, aangesien soja-opbrengste nie noemenswaardig verhoog word deur besproeiing nie, terwyl mielie-opbrengste maklik kan verdubbel. Mnr Havenga noem dat besproeiingskedulering etlike jare reeds in KwaZulu-Natal gedoen word. Vrystaat Mnr Botma rapporteer dat meer sojas aangeplant is in die Vrystaat, veral in die gebiede wat vroeg reën gekry het. Hy spreek egter sy kommer uit dat die hitte opbrengste nadelig mag beïnvloed. Oos-Kaap, Noord-Kaap en Suidwestelike Distrikte Mnr Van Zyl bevestig dat die soja-oppervlakte toeneem, met die uitbreiding van bewaringsboerderystelsels in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat. Die Voorsitter sê die feit dat Agricol en Kleinkaroosaad toegetree het tot die sojaboonmark, spreek boekdele oor die uitbreiding van die bedryf. Sonneblom KwaZulu-Natal, Wes- en Oos-Kaap Mnr Du Plessis sê syns insiens word sonneblomverbouing in KwaZulu-Natal in die wiele gery deur voëlskade. Daar word kennis geneem dat 8 000 hektaar beplant is met sonneblom in Mpumalanga, terwyl 2 000 hektaar sonneblom geplant is in Gauteng. Daar word kennis geneem dat 165 000 hektaar sonneblom geplant is in Noordwes, en 100 000 hektaar in Limpopo. Dr Meyer spreek sy tevredenheid uit met die toestand van die sonneblomaanplantings in Noordwes. Hy voeg egter by dat die tarentale aansienlike skade veroorsaak op sonneblom met opkoms. Mnr Potgieter rapporteer dat die sonneblom in Limpopo goed lyk, met goeie opbrengste wat verwag word. Daar word kennis geneem dat die meeste sonneblom in die Vrystaat geplant is, te wete 210 000 hektaar. Mnr Botma sê terwyl min of meer dieselfde hoeveelheid sonneblom geplant is as die vorige jaar, toon sorghumverbouing betekenisvolle uitbreiding. Mnr Strydom noem dat sonneblomaanplantings sterk korreleer met die mielieprys. Hy sê produsente het te kenne gegee dat sonneblomaanplantings nie lukraak uitgebrei kan word nie, aangesien 'n produsent daarvoor gerat moet wees. Geen verslaglewering. Navorsing Nasionale cultivarproewe 2013-2014 Projekaansoeke 2013-2014 Daar word kennis geneem van die projekaansoeke wat ten opsigte van sojaboonnavorsing goedgekeur is in die finansiële jaar 2013-2014. Nasionale cultivarproewe 2012-2013 Me De Beer bied 'n voorlegging aan oor die vordering wat tot dusver behaal is met die nasionale cultivarevaluasieproewe, en rapporteer onder andere oor die onderskeie lokaliteite waar proewe aangeplant is, asook die medewerkers wat betrokke is by die proewe. Sy sê 'n lys van lokaliteite en die koördinate ten opsigte van die ligging van die onderskeie lokaliteite is beskikbaar gestel aan Mnr Keun. Sy nooi belangstellendes uit om die onderskeie medewerkers of haarself te kontak, indien hulle die proewe sou wou besoek. Me De Beer rapporteer dat 25 proewe geplant is by 23 lokaliteite. Sy sê versoeke is gerig dat die proewe uitgebrei word na die westelike gedeeltes van die produksiegebiede in die Noordwes en die Vrystaat. Sy verskaf detail van die cultivars wat ingesluit is by die proewe, en van die plantdatums by die onderskeie lokaliteite. Sy noem dat boeredae gereël sal word by die lokaliteite te Groblersdal en Koedoeskop. Me De Beer noem dat onkruidprobleme ervaar word waar produsente bewaringsboerderypraktyke toepas. Sy sê daar kan nie meganies geskoffel word nie, weens die reste wat op die land lê, en moet meer hande-arbeid gevolglik gebruik word, wat sy eie probleme meebring. Sy noem dat meer onkruiddoders gebruik moet word, en dat waargeneem is dat sekere cultivars meer gevoelig is vir onkruiddoders as ander. Mnr Botma verneem in welke mate konvensionele cultivars nog aangeplant word, en of dit die moeite werd is om dié cultivars in te sluit by die proewe. Die Voorsitter sê hoewel Roundup Ready nagenoeg 90% van die sojabone wat in Suid-Afrika geplant word verteenwoordig, is daar 'n toenemende vraag na konvensionele cultivars, veral met die oog op die aanwending van sojas in voedsel vir menslike verbruik. Mnr Keun rapporteer dat die PNS en OPOT attent gemaak is op die versoek rakende die uitbreiding van die cultivarproewe na die westelike produksiegebiede, en dat die saak tans oorweging geniet. Die Voorsitter wens Me De Beer geluk met die vordering wat sy behaal het, en bedank haar vir die goeie werk wat sy doen. Roes Roesvangerproewe Kennis word geneem dat roesbesmetting waargeneem is by Pannar se proefplaas te Greytown, en wel op 16 Januarie. Sclerotinia Sclerotinia: Voorlegging – Me Van Vuuren, Madumbi Me Van Vuuren bied 'n voorlegging aan oor Madumbi se reeks biologiese produkte wat tans in die sojabedryf aangewend vir die beheer van nadelige patogene. Sy bedank Mnr van Wyk vir die ondersteuning wat hy verleen met die evaluering van Madumbi se biologiese middels te Kinross. Rhizobium – Terugvoering (Besluit 10.1.5.2 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012)Mnr Keun rapporteer dat Dr Hassen van die LNR-NIPB die projek oor inokulante afgehandel het, en dat die projekverslag tans ingewag word. Hy sê Mnr Louw van GraanSA het hom ingelig dat daar wél maatskappye is wat ander stamme as WB74 gebruik in hul entstowwe, en dat beoog word om van die entstowwe te evalueer in veldproewe. Dat kennis geneem word dat Dr Hassen van die LNR-NIPB se verslag oor die projek "Why does inoculation of soybeans sometimes fail? A survey of the quality of locally produced inoculants, their use and possible remediation" tans ingewag word. Mnr Keun Dat terugvoering ingewag word vanaf GraanSA oor die kwessie rakende die evaluering van entstowwe wat ander rasse as WB74 bevat in veldproewe. Mnr Keun Biobrandstowwe (Besluit 7.3.1 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012)Daar word kennis geneem van die dokument "Nuusberigte en tendense in die biobrandstof en oliesadebedryf – Vierde kwartaal, 1 Oktober tot 31 Desember 2012", soos saamgestel deur Dr Du Plessis, en van die artikels "Soetrietsorghum vir etanolproduksie – het ons kultivars die potensiaal?", "Camelina meal approved for feedlot cattle" en "Camelina". Onderwerpe vir webstudies Die Voorsitter nooi die lede om Mnr Keun attent te maak op onderwerpe waaroor hulle webstudies sou wou laat onderneem. Macrophomina (Charcoal rot) (Item 10.1.8 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012 en besluit 8.12.1 van die Tegnologiekomiteenotule van 5 Desember 2012)Dr Lamprecht rapporteer dat die artikel wat sy oor houtskoolvrot geskryf het, gepubliseer is in die Januarie/Februarie-uitgawe van Spilpunt. Projekaansoeke (Besluit 10.2.11 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012)Daar word kennis geneem van die projekaansoeke wat ten opsigte van sonneblomnavorsing goedgekeur is vir die finansiële jaar 2013-2014. Sclerotinia-opname Daar word kennis geneem dat die Oesskattingskomitee in Mei die jaarlikse opname van Sclerotiniabesmetting sal onderneem. Sonneblomwaardekettingstudie Mnr Keun rapporteer dat die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) 'n sonneblomwaardekettingstudie gaan doen. Saad Tegnologie-oordrag Inligtingsdae 2013: Datums, terugvoering en reklame Kennis word geneem van die volgende inligtingsdae: 17-22 Februarie 2013 Internasionale Sojanavorsingskongres, Durban (WSRC IX 2013) 12 Maart 2013 Boeredag, Koedoeskop 14 Maart 2013 Boeredag, Stoffberg 14-17 Mei 2013 Nampo-Oesdag 2 Augustus 2013 BFAP-basislynverslag, Kaapstad 6 Augustus 2013 BFAP-basislynverslag, Pretoria September 2013 "No-Till" Konferensie, KwaZulu-Natal Wisselbou (Besluit 12.2.1 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012)Daar word kennis geneem van die artikel "Direkte plantproewe in Suid-Afrika deur Suid-Afrikaanse en Argentynse organisasies – 'n oorsig oor die eerste jaar". Ander sake Inligting vir plasing op die webblad – Nuusbrokkies en kleurfoto's Die Voorsitter doen 'n beroep op die lede om interessante inligting en kleurfoto's beskikbaar te stel, met die oog op plasing daarvan op die PNS-webblad. Daar word kennis geneem van die artikels "Ozone's impact on soybean yields", "Update on frogeye leaf spot and strobilurin fungicide resistance", "Syngenta secures EU approval for next generation fungicide", "Aprosoja alert producers to the occurence of the first outbreak of rust in MT", "Farmers report high yields with Pioneer® brand soybeans from DuPont", "Louisiana farmers produce record soybean crop", "Bayer CropScience provides a glimpse of SeedGrowth™ innovation" en "Dead or alive? A new test to determine viability of soybean rust spores". Artikels (Besluit 13.2.1 van die notule van die Sojawerkgroep- en Sonneblom- en Sojaboonforumvergadering gehou op 25 Oktober 2012 en besluite 10.7.3 en 10.7.4 van die Tegnologiekomiteenotule van 5 Desember 2012)Daar word kennis geneem van die artikels wat vervat is as deel van Bylae L. Spreker: Mnr A Van Zyl – Voorlegging oor die status van sojaproduksie in die Oranjerivierbesproeiingskema (Besluit 13.3.1 van die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012, en besluite 10.3.2, 10.3.3 en 10.3.5 van die Tegnologiekomiteenotule van 5 Desember 2012)Mnr Van Zyl sê hy boer sedert 1999 tussen Luckhoff en Hopetown, nadat hy aanvanklik sojas geproduseer het in die omgewing van Standerton. Hy noem dat verskillende gronde daar voorkom, waaronder Kalahari-waaisand met 'n baie lae organiese inhoud, alluviale gronde nader aan die rivier, en rooi kleierige gronde, suid van die rivier. Hy vertoon 'n foto van 'n profielgat, waar sojawortelpenetrasie op 'n diepte van 90cm duidelik sigbaar is. Mnr Van Zyl verduidelik dat bewaringsboerdery of deklaagbewerking ingespan word om die organiese inhoud van die grond te verhoog. Hy noem dat besproeiing genoodsaak word deur die baie lae gemiddelde reënval van nagenoeg 240mm per jaar, maar voeg by dat die gemiddelde reënval die afgelope drie jaar te staan gekom het op 540mm. Hy sê temperature in die gebied wissel tussen 35 en 40ºC. Mnr Van Zyl noem dat hy sy bewerkingspraktyke moes aanpas by die geweldige hitte van die streek. Hy sê RR-cultivars is 'n moet vir onkruidbeheer in daardie omgewing, maar waarsku dat Roundup die ontwikkeling van Rhizobium inhibeer, indien dit gespuit word wanneer die sojaplantjies nog te klein is. Hy noem dat sojaboonopbrengste verbeter, namate Rhizobium in die grond opbou. Mnr Van Zyl sê die aanplanting van sojas as wisselbougewas in 'n bewaringsboerderypraktyk het hom in staat gestel om drie oeste in twee jaar te plant, wat geweldige besparings meebring, en 'n meer lonende praktyk is as twee oeste per jaar. Hy voorspel dat deklaagbewerking in 'n baie groter deel van die land sal posvat. Hy sê ongelooflike koring- en mielie-opbrengste word behaal na sojas. Mnr Van Zyl benadruk die belangrikheid van korrekte bemestingspraktyke vir die kwaliteit van sojabone in die skemagebied. Hy sê ervaring het getoon dat 'n 70% deklaag op die grond heelwat bydra tot suksesvolle opkoms, en dat gemik word vir 'n plantpopulasie van 440 000 plantjies per hektaar. Mnr Van Zyl noem dat hy groot sukses behaal met Argentynse sojaboon-cultivars, wat waarskynlik toegeskryf kan word aan die feit dat die gebied tussen Luckhoff en Hopetown op dieselfde breedtegraad lê as Argentinië. Hy doen aan die hand dat die saadmaatskappye die kwessie van saadvermeerdering onder die loep neem, aangesien saadaanpasbaarheid 'n daadwerklike probleem is, met tweedejaarsaad wat goed presteer vergeleke met nuwe saad. Mnr Van Zyl meld op navraag dat hy vyf ton sojas en tussen twaalf en veertien ton mielies per hektaar afhaal, en dat sy kragrekening tans nagenoeg R1 000 per hektaar beloop. Die Voorsitter bedank Mnr Van Zyl vir 'n insiggewende aanbieding oor dit wat gedoen kán word onder sulke uitdagende produksie-omstandighede. Daar word kennis geneem van die name van persone wat oorweeg word as sprekers by volgende Sojawerkgroepvergaderings. Dat die kwessie van saadvermeerdering onder die saadmaatskappye se aandag gebring word, aangesien daar uit meer as een oord rapporteer word dat saadaanpasbaarheid 'n daadwerklike probleem is, met tweedejaarsaad wat goed presteer vergeleke met nuwe saad. Tegnologiekomitee Daar word kennis geneem dat die volgende persone oorweeg word as sprekers by Sojawerkgroepvergaderings: Me Truter, entomoloog verbonde aan die LNR-IGG, wat 'n aanbieding kan doen oor haar opname oor biodiversiteit van insekte in sojas, asook Dr Annemie Erasmus; Prof Johnnie van den Berg, wat genooi kan word om 'n voorlegging te doen oor GMgewasse; Prof KJ Kunert; en Mnr Antonie Delport van Syngenta. Sunflower Week in Review Daar word kennis geneem van die onderskeie uitgawes van die Sunflower Week in Review, wat vervat is as deel van Bylae M. Sojaboonhandleiding (Besluit 13.7.1 van die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012, besluit 8.14.1 van die Tegnologiekomiteenotule van 19 Oktober 2012 en besluit 8.13.2 van die Tegnologiekomiteenotule van 5 Desember 2012)Mnr Keun rapporteer dat die LNR-IGG 'n hersiene Sojaboonhandleiding gepubliseer het, wat te koop aangebied word teen R100 per kopie. Sonneblomhandleiding (Besluit 13.8.1 van die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum van 25 Oktober 2012)Dr Nel rapporteer dat die LNR-IGG se Sonneblomhandleiding uit druk is, en hersien sal moet word. Mnr Potgieter noem dat GraanSA reeds 'n versoek in dié verband aan die LNR-IGG gerig het. Mnr Keun sê die oliesadebedryf kan genader word om die nodige befondsing te voorsien, indien benodig. Besluit: Dat terugvoering ingewag word oor die hersiening van die LNR-IGG se gids tot sonneblomsiektes. Dr Nel GMO-etikettering: Gewysigde Regulasies – Terugvoering Dr Van der Walt rapporteer dat hy kommentaar ingedien het oor die gewysigde regulasies ten opsigte van etikettering. Hy onderneem om terugvoering te verskaf in dié verband. Inligting oor Gefermenteerde Sojaboonmeel (Besluit 8.20.2.1 van die Tegnologiekomiteenotule van 5 Desember 2012)Daar word kennis geneem van die inligting oor gefermenteerde sojaboonmeel. Gesamentlike aansoeke 2013-2014 (Besluit 8.3.3.1 van die Navorsingsprioriteitskomiteenotule van 6 Desember 2012)Daar word kennis geneem van die navorsingsprojekte wat gesamentlik befonds sal word deur die PNS en OPOT in die finansiële jaar 2013-2014. Wetgewing: Plaaswerktuie op openbare paaie Mnr Van der Westhuizen rapporteer dat nuwe wetgewing afgekondig is ingevolge waarvan plaaswerktuie soos stropers en trekkers nie op openbare paaie mag ry nie. Hy sê dergelike toerusting moet op laebedsleepwaens vervoer word, en voeg by dat produsente hierdeur aan bande gelê word. Die Voorsitter reël dat 'n skrywe in dié verband gerig word aan GraanSA. Besluit: Dat terugvoering ingewag word oor die kwessie rakende die beweging van plaaswerktuie soos stropers en trekkers op openbare paaie. Mnr Keun DLBV / NLBR: Sojabooninisiatief Die Voorsitter meld op navraag van Mnr Joubert dat Me Jane McPherson van GraanSA genader kan word oor die sojaverbouingsopleiding van kleinboere in Noordwes. Supply and Demand Estimates Committee Mnr Joubert stel die lede in kennis dat 'n amptelike Supply and Demand Estimates Committee gestig gaan word, sodra die nodige opinie bekom is by die Mededingendheidskommissie. USDA Food System study Mnr Joubert rapporteer dat die United States Department of Agriculture se Economic Research Service (USDA-ERS) in samewerking met die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) 'n studie onderneem, ten einde die effek van sojabone en geelmielies op die pluimveebedryf te bepaal. Datum van volgende vergadering Die datum van die volgende vergadering van die Sojawerkgroep en Sonneblom- en Sojaboonforum word bevestig as 5 Maart 2013. Die datums van daaropvolgende vergaderings word aangestip as: 2 Mei, 24 Julie (Spesiale Sojawerkgroepvergadering), en 23 Oktober. Afsluiting Die Voorsitter bedank die teenwoordiges vir hul aktiewe deelname en vir insette gelewer. Hy wens die lede 'n voorspoedige rit na hul onderskeie tuistes toe, en verdaag die vergadering om 13:45.
[]
https://www.gowebtool.com/unit-conversion/force/convert.php?from=millinewton&to=dyne&language=af
Omskep milli-newton om te dyne Meer inligting oor hierdie converter Een milli-Newton is gelyk aan hoeveel dyne? Die antwoord is 100 Een dyne is gelyk aan hoeveel milli-Newton? Die antwoord is 0.01 Meer inligting oor hierdie eenheid: milli-Newton / dyne Die basis eenheid van krag in die internasionale stelsel van eenhede (SI) is: Newton (N) 1 Newton is gelyk aan 1000 milli-Newton 1 milli-Newton is gelyk aan 0.001 Newton 1 Newton is gelyk aan 100000 dyne 1 dyne is gelyk aan 1.0E-5 Newton Ander monster omskakelings vir milli-Newton milli-Newton om te zetta-Newton milli-Newton om te decigram-force milli-Newton om te exa-Newton milli-Newton om te decapond milli-Newton om te ounce-force milli-Newton om te joule/meter milli-Newton om te Pascal per square metre milli-Newton om te megapond milli-Newton om te hecto-Newton milli-Newton om te giga-Newton Wil meer hê? Gebruik onder aftrekkieslys te kies: Jy kan ook:
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/watch-nipsey-hussle-memorial-service-live-stream
Kyk na die Nipsey Hussle Memorial Service Live Stream Nipsey Hussle word vandag in Los Angeles vereer tydens 'n gedenkdiens in die Staples Center. Nipsey Hussle se Celebration of Life is gratis en oop vir die publiek, en dit sal regstreeks via stream word Gety en BET News se Facebook-bladsy om 13:00 Oos / 10:00 Stille Oseaan. Soos ABC News se Jason Nathanson berig , Stevie Wonder, Snoop Dogg en Jhené Aiko is van die kunstenaars wat hulde sal bring aan Nipsey tydens die seremonie. Kyk alles hieronder. Oudpresident Barack Obama het 'n brief ingestuur wat tydens die diens gelees is. Lees dit hieronder volledig: Geagte vriende en familie van Nipsey: Ek sou nooit Nipsey Hussle gehad het nie, maar ek het van sy musiek deur my dogters gehoor en na sy heengaan het ek die kans gehad om meer te wete te kom oor sy transformasie en sy gemeenskapswerk. Terwyl die meeste mense na die Crenshaw-omgewing kyk waar hy grootgeword het en net bendes, koeëls en wanhoop sien, het Nipsey potensiaal gesien. Hy het hoop gesien. Hy het 'n gemeenskap gesien wat hom selfs deur sy gebreke geleer het om altyd aan te hou. Sy keuse om in daardie gemeenskap te belê eerder as om dit te ignoreer - om 'n vaardigheidsopleidingsentrum en 'n kollegasentrum in Crenshaw te bou; om die Eritrese Amerikaanse gemeenskap op te hef; om 'n voorbeeld te stel vir jongmense om na te volg — is 'n nalatenskap waardig om te vier. Ek hoop dat sy geheue meer goeie werk in Crenshaw en gemeenskappe daarvan inspireer. Ek en Michelle stuur ons medelye met Lauren, Emani, Kross en die hele Asghedom-gesin en almal wat lief was vir Nipsey. Die uwe, Barack Obama Nipsey was dood geskiet op 31 Maart op 33-jarige ouderdom. Eric Holder is in hegtenis geneem en van moord aangekla weens Hussle se dood. Hy het onskuldig erken. Nipsey se langtermynmaat Lauren London en talle ikoniese kunstenaars, waaronder Kendrick, Beyoncé, Pharrell, J. Cole, Rihanna, Drake, en vele ander het hulde gebring aan Nipsey. Hierdie week het Nipsey se debuutalbum teruggekeer na die Billboard-albums op nommer 2. 'n Kruising in L.A. sal ter ere van Nipsey benoem word. Lees Nipsey Hussle se Legacy Is Bigger Than Rap on Levels.
[]
https://vaandel.co.za/tag/apokaliptiese/
Die afgelope tyd gaan daar byna nie ‘n dag verby dat ons nie ‘n gesig van Siener van Rensburg in vervulling sien gaan nie. Maar hy het dit presies net so voorspel: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd…” Ook bo in Afrika sal daar in dié tyd groot ellende en verskrikking wees. Hy beskryf dit só: “Ek sien vier perde moet nog ry bo in Afrika. Die nasies wil oorlog maak. Daar is groot droogtes (eerste perd); hulle saai nie en oes nie; dan kom daar hongersnood (tweede perd); ook maak hulle net oorlog (derde perd), en hulle plant nie; hulle begin om dood te gaan van die honger; kan nie meer hulle dooies begrawe nie; dan breek die pes uit (vierde perd), vreeslik baie gaan dood wat nie begrawe word nie.” En vandag word die ganse Afrika geteister deur droogtes, hongersnood, oorlog en pessiektes.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=11-augustus-2005
Notule Canola- en Lupienwerkgroepvergadering gehou op 11 Augustus 2005 te Elsenburg Opening en verwelkoming Mnr Scholtemeijer open die vergadering met gebed. Hy verwelkom elkeen teenwoordig, veral dr Tribe en me Tsele by die vergadering. Presensie Teenwoordig Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Mnr H Agenbag PNS (Wes-Kaap) Mnr D Hanekom DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr P Lombard DLWK Me M Kellerman DLWK Me C Tsele DLWK (Swellendam) Me C Tsele DLWK (Swellendam) Mnr C van Rooyen DLWK (Caledon) Dr M Hardy DLWK Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr JJ Bester GSA Mnr K Schonken GSA Mnr J Bruwer SSK Mnr A Haasbroek Kaap Agri Mnr P Fouché K2 Agrisaad Mnr J Kellerman Agricol Mnr J Loubser Bokomo Dr S Lamprecht LNR-NIPB Dr G Tribe LNR-NIPB Prof A Agenbag US Me L van Zyl Sekretariaat Verskonings Mnr D van Papendorp GSA Mnr C van der Merwe MKB Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr L Wille Agricol Dr N Kotzé Agricol Dr J de Kock PNS Dr I Trautmann DLWK Dr K Laubscher DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr G Conradie DLWK Mnr I Slabbert DLWK Mnr G van Coller DLWK Mnr K Becker SOILL Mnr J Lusse Overberg Agri Mnr H Kotzé Bokomo Dr J Pieterse US Personalia Dr de Kock wat ongesteld is, word 'n spoedige herstel toegewens. Mnr Agenbag wat in 'n motorongeluk betrokke was, word ook sterkte toegewens. Vasstelling van die sakelys Geen aanvullende sake nie. Notule van die vorige vergadering Die notule van die vergadering gehou op 8 Junie 2005 word goedgekeur. Algemene oorsig Winterreënstreek Canola Swartland Op die oomblik is die stand van canola uitstekend. Goeie reën het oor meeste dele in die gebied voorgekom. Sekere areas soos Piketberg, Eendekuil en Rooi Karoo het minder reën gehad en die totale reënval vir die streek is tot op datum onder normaal. Die ondergrond vog is nie na wense nie. Geen plae / insekte op canola is tot dusver rapporteer nie. Alhoewel die klein slakkies (slugs) op koring voorkom, word daar nog geen behandeling toegepas nie. Dit word egter aanbeveel dat produsente die situasie noukeurig moet monitor. Die oppervlakte canola gesaai is soos volg: MKB gebied 2 500ha WPK gebied 8 587ha Porterville gebied 2 600ha Besluit dat Dr Tribe (namens die Slakwerkgroep) versoek word om die Swartland te besoek en die slakke wat op koring voorkom te identifiseer, die situasie te monitor en by 'n volgende vergadering terugvoering sal gee. Dr Tribe Suid-Kaap Die stand van die canola in die gebied is oor die algemeen goed. Plante begin reeds blomme afgooi. Daar is voldoende ondergrond vog, maar goeie reën in Augustus is nodig. Sterk winde kom oor gebiede in die Bredasdorp omgewing voor. Die oppervlakte canola gesaai, is soos volg: SSK gebied 15 800ha CRK gebied 6 500ha BNK gebied 3 750ha Tuinroete Agri 1 000ha Dr Tribe lewer namens die Slakwerkgroep verslag insake die ondersoek na die voorkoms van insekte op canola en vreetskade wat vroeër in die seisoen aangerig is. Dit het tot so 'n mate voorgekom dat sekere dele van lande kaal gevreet is. Die oorsaak van die probleem kon tot op datum nie identifiseer word nie, maar dit blyk dat dit 'n gekompliseerde probleem met moontlik 'n kombinasie van oorsake is. Faktore wat moontlik 'n invloed kan hê, is byvoorbeeld: Die oorgang van konvensionele bewerking na minimum bewerkingsmetodes. Bewaringsmetodes verander tekstuur van grond. Grondontledings moet vir makro en mikro elemente gedoen word. Bepaal watter rol speel swael inhoud van grond in canola verbouing. Herhaalde spuit van onkruiddoders het 'n invloed op die mikro-organismes in die grond wat siekte toestand van plante kan beïnvloed. Die spuit van Simasien op sekere cultivars blyk 'n risiko te wees – insekte verkies lande waar Simasien gespuit is. Besluit dat Aanvaar word dat die bedryf waarskynlik hier met 'n probleem met 'n kombinasie van oorsake te make het en navorsers versoek word om voort te gaan met die proses om die redes vir die probleem (vreetskade deur insekte) te probeer identifiseer sodat dit dienooreenkomstig dringend aangespreek kan word; navorsers en ander rolspelers alle waarnemings ten opsigte van en moontlike oorsake van die skade / kaal kolle wat in canola en selfs lupienlande voorkom, sal dokumenteer en aan die "Slakwerkgroep" sal voorsien; die "Slakwerkgroep" 'n samevatting van die insette vir bespreking tydens die volgende vergadering sal voorberei sodat die nodige voorkomende optrede of navorsing, indien nodig, beplan kan word. Dr Lamprecht Dr TribeSWD / Oos-Kaap Geen inligting is beskikbaar nie. Lupiene Die stand van lupiene is goed en 'n "rekord" lupienoes word in die Swartland verwag. Die oppervlakte lupiene gesaai, is soos volg: MKB gebied 5 500 ha WPK gebied 1 837 ha (soet) + 2 767 ha (bitter) Porterville area 1 150 ha (soet) Suid-Kaap Die stand van lupiene is goed. Probleme met onkruidbeheer kom voor. Die volgende oppervlakte is gesaai: SSK gebied 1 600 ha BNK gebied 540 ha CRK gebied 2 600 ha Tuinroete Agri 1 200 ha SWD / Oos-Kaap Geen inligting is beskikbaar. Somerreënvalstreek Weervooruitskatting Neem kennis van die inligting soos tydens die vergadering deur mnr Cerfonteyn verskaf. Oesskatting Die werkgroep besluit dat daar by die Nasionale Oesskattingskomitee se inligting omtrent aanplantings vir 2005/2006 volstaan word, naamlik 41 200ha canola en 14 000 ha soetlupiene. SAGIS Inligting Die Werkgroep neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg. Dr Griessel onderneem om namens die veevoerbedryf die SAGIS inligting omtrent canola wat vir dierevoer verwerk word, via AFMA te laat kontroleer. Prysvooruitskatting en internasionale markinligting Dr Griessel rapporteeer die jongste inligting omtrent die internasionale sojaboon mark. Op hierdie stadium word 'n oes van 76m ton in Amerika en 16,9m ton in China voorspel. Indien die Amerikaanse oes kleiner word, sal daar na verwagting meer aanplantings in Argentinië en Brasilië wees. Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R2 035 / ton. Wisselkoers op 10 Augustus 2005 = R6,47. Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg: Pluimvee (94%) R1 913 Varke (100%) R2 035 Suiwel (58%) R1 180 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is as volg: Pluimvee (53%) R1 079 Varke (65%) R1 323 Suiwel (60%) R1 221 Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg L. albus (Esta) Pluimvee (75%) Suiwel (80%)R1 526 R1 628L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%) Suiwel (52%)R1 079 R1 058L. luteus (Juno) Pluimvee (63%) Suiwel (73%)R1 282 R1 486 Produsentepryse vir canola en lupiene Die volgende produsentepryse vir canola word rapporteer: SOILL R1 660 vir canola Swartland Oliepers R1 400 vir soetlupiene Die feit dat daar nie 'n formele mark vir lupiene is nie, word weer geopper. Die feit dat die prys laat bekend gemaak word, bemoeilik produsente se beplanning. Meeste produsente produseer lupiene dus slegs vir eie gebruik. COMBUDS – canola Aanpassing van kostegids Die aangeleentheid sal verder hanteer word wanneer die nodige inligting beskikbaar is. Me Swanepoel Opstel van COMBUDS vir canola Voorsitter Produksie area kaarte Die saak staan oor totdat inligting beskikbaar is. Navorsing Canola Nasionale cultivarproewe Cultivarproewe 2005 Neem kennis dat die proewe oor die algemeen goed gevestig het. In die Philadelphia area is probleme na aanleiding van baie nat toestande ondervind. Besluit dat vordering met die 2005 proewe deurlopend rapporteer sal word. Mnr Hanekom Samewerking tussen LNR-IGG en DLWK Die onderhandelings ten opsigte van samewerking is in proses. Besluit dat vordering ten opsigte van die samewerking tussen DLWK en LNR-IGG insake die verwerking van proefresultate afgewag word. Gebruik van internasionale kwekerye Neem kennis dat K2 Agrisaad wel internasionale cultivars vir aanpassing onder plaaslike omstandighede evalueer. Besluit dat daar by Agricol navraag gedoen word omtrent hulle beleid ten opsigte van evaluasie van internasionale cultivars wat potensiaal vir aanpassing by plaaslike omstandighede het. Dr Kotzé Bemesting Terugvoering van Bemestingstaakspan Die onderhandelings vir die voortsetting van navorsingswerk oor bemesting van canola is in proses. Besluit dat inligting omtrent die voortsetting van navorsing op bemesting deurlopend rapporteer sal word soos die proses vorder. Dr De Kock Wisselbou-projek somersaaigebiede – bemesting onder besproeiing Besluit dat die aangeleentheid verder bespreek sal word wanneer inligting beskikbaar is. Dr Nel Ontwikkelingsplan vir canola Besluit dat die saak oorstaan totdat verdere inligting beskikbaar is. Terugvoering – THRIP-projek Neem kennis dat daar nog nie finaliteit is oor die aanwending van die R504 000 THRIP fondse wat vir die US projekte allokeer is nie. Besluit dat vordering oor die aanwending van THRIP fondse mettertyd rapporteer sal word. Prof Agenbag Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola Die veldproewe is reeds aangeplant, maar die groeikamers sal eers teen Oktober beskikbaar wees om die nodige proewe daar te kan doen. Besluit dat vordering insake die proewe vir registrasie van Cruiser en ander saadbehandelingsmiddels rapporteer sal word. Lupiene Cultivarproewe vir 2005 Mnr Hanekom rapporteer insake die stand van die 2005 cultivarproewe en dat geen ernstige probleme ondervind word nie. Besluit dat terugvoering oor die 2005 proefaanplantings deurlopend gegee sal word. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene Die proewe is aangeplant. Besluit dat terugvoering insake die saadbehandelingsproewe afgewag word. Weerstandbiedendheid: raaigras Neem kennis van die notule soos by die sakelys aangeheg en dat die volgende vergadering nog skeduleer sal word. Besluit dat vordering insake die Werkgroep: Raaigrasweerstandbiedendheid se werksaamhede rapporteer sal word. Pes- en plaagbeheer Stoppelbestuur van canola / swartstam Geen nuwe inligting is beskikbaar nie. Besluit dat die aangeleentheid oorstaan tot nadat die projekaansoeke in Oktober oorweeg is. Mnr Van Coller Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms Dr Tribe gee terugvoering oor die verskillende valstrikke wat vir insekte en slakke ("slugs") gebruik word. Die Werkgroep: beter vestiging van canola ("Slakwerkgroep") gaan voort met hulle werksaamhede. Besluit dat verslag van die werksaamhede van die Werkgroep: Beter vestiging van canola aan hierdie Werkgroep rapporteer sal word. Prof Lamprecht Dr Tribe Voorlegging: Ruitrugmot Neem kennis dat reëlings vir die voorlegging deur Dr Kfir getref sal word. Besluit dat die voorlegging oor die voorkoms en beheer van die ruitrugmot ("diamond back moth") tot 'n later geleentheid oorstaan. Tegnologie-oordrag Canolafokus Die volgende uitgawe van Canolafokus sal gedurende September verskyn. Redaksie Radiopraatjies Afskrifte van die radiopraatjies wat oor landbouradio uitgesaai is, is ter inligting aan lede versprei. Besluit dat 'n samevatting van die praatjies mettertyd in die Canolafokus publiseer sal word. Lupino Neem kennis dat die volgende uitgawe gedurende September sal verskyn. Die artikel deur mnr H Kotzé oor die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir veevoerbedryf word afgewag. Inligtingsdae 2005 25 Augustus 2005 K2Saad Inligtingsdag (Pools) 30 Augustus tot 2 September 2005 Megaweek 6 September 2005 SKOG 7/8 September 2005 PNS Besigtigingstoer 13 September 2005 Riversdal Boeredag 14 September 2005 Overberg Agri Proefbesigtiging 15 September 2005 Roodebloem Boeredag Proefbesigtigings by Porterville en Hopefield moet nog skeduleer word. Behoeftes van Mark – Canola Statutêre Graderingsregulasies Die konsep regulasies sal weer gedurende oestyd toegepas en evalueer word. Besluit dat vordering insake die graderingsregulasies deur CBK rapporteeer sal word. Mnr Van Papendorp Mark - Lupiene Daar bestaan nie 'n formele mark vir lupiene nie. Produsente produseer lupiene meestal vir eie gebruik. Produsente – Canola Plantmetodes vir beter vestiging Neem kennis en besluit dat die finale verslag insake plantmetodes vir beter vestiging van canola afgewag word. Produsente – Lupiene Geen sake. Saad Canola SANSOR Statistiek Die navraag oor die totale hoeveelheid saad wat per jaar aangekoop word, is met SANSOR opgevolg. Besluit dat sodra die verlangde inligting vanaf SANSOR ontvang word, dit aan lede kommunikeer sal word. Lupiene Geen verdere inligting is rapporteer nie. Ander sake Proewe deur K2 Agrisaad Mnr Fouché doen verslag oor die stand van cultivarproewe wat op versoek van PNS deur K2 Agrisaad aangeplant is. Volgende vergadering Proefbesigtiging op 7 en 8 September 2005. 1 Desember 2005 Afsluiting Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/outydse-broodpoeding-met-rosyne/
OUTYDSE BROODPOEDING MET ROSYNE Daarsy! My oorlede moeder se outydse broodpoeding. Ek het net so halwe koppie rosyne bygevoeg. 5 snye witbrood - 5 eiers - 25 ml vlapoeier, meng met bietjie ekstra melk - 1 liter melk - 200 g suiker - ½ koppie rosyntjies - kaneelsuiker - stukkies botter - ½ koppie rosyne, opsioneel* - Week die brood in die melk. Meng die eiers, suiker en rosyne* by en roer vlamengsel laastens by. Skep in oondvaste bak. Strooi kaneelsuiker bo-oor en plaas klontjies botter oral bo-op. Bak vir 30 minute of tot gestol by 180 ºC. Resep en foto: Mariaan Pampoen My ou moeder het altyd met die ou brood vir ons brood poeding gemaak met self gemaakte dun vla. Ek noem dit armmans poeding want jy hoef niks te koop, het gewoonlik al die bestand dele in die kombuis. Die appelkoos konfyt was tuis gemaak.
[]
https://www.capexitparty.com/afr_indeks.html
Ons word ekonomies vernietig. Ons word etnies en kultureel onderdruk. Dit is ons keuse! Ons kan hierdie waansin stop en n voorspoedige land bou! Sou die ANC beheerde Suid Afrikaanse regering weier om te onderhandel om hul beleid van vervolging teen die Kaap en sy mense te stop sal ons geforseer word om ons enigste opsie na te jaag… Deur wettige en vreedsame middele streef ons na n demokratiese referendum, waarin ons, die mense van die Kaap, ons eie toekoms en lot sal bepaal as n onafhanklike staat… Nuwe wette bepaal dat die OVK politieke partye sal verban om aan verkiesings deel te neem indien partye nie n sekere hoeveelheid (tussen 7,000 en 15,000) handtekeninge aan hulle verskaf nie. Die wetgewing word deur verskeie noue bondgenote in die Konstitusionele Hof beveg, maar dit blyk dat die beperking nie betyds gelig gaan word nie. Die Konstitusionele Hof bepaling sal vroeg volgende jaar plaassvind, maar om enige gebeurlikheid te voorkom wil ons verseker dat ons slaggereed sal wees daarvoor. Teken asseblief en vra ook friende en familie wat geregistreerde kiesers is om ook te teken en die form deur te stuur. TEKEN HIER "The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to look on, and do nothing." - John Stuart Mill
[]
https://af.brokercheck.co.za/vergelyking/?jsf=bricks-query-loop:brokercomparisonfilter&tax=broker-type:11
Laaste opdatering: 05 April 2024 Vind die beste broker vir jou! Filters BrokersFilters Vantage Exness Markets.com Mitrade InvestFW AvaTrade Watter broker aanvaar kredietkaarte? As jy verkies om betaalmetodes te gebruik soos Visa, Mastercard en Maestro, Brokercheck kan jou help om 'n betroubare handel te vind broker wat hierdie metodes aanvaar. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en sorteer brokers gebaseer op trader graderings, kommissies, beskikbare bates, minimum deposito en ander relevante kenmerke. Met hierdie wyd aanvaarde betaalmetodes kan u dit geniet vinnige en veilige transaksies. Brokercheck maak dit maklik om 'n handel te vind broker wat by jou behoeftes pas en jou voorkeurbetaalmetode aanvaar, sonder enige moeite. By watter broker kan ek met Paypal deponeer? Brokercheck is 'n vergelyking instrument wat ontwerp is om te help vind 'n betroubare handel broker wat aanvaar PayPal as 'n betaalmetode. Die gebruikersvriendelike databasis laat jou toe om te vergelyk, filter en sorteer brokers deur verskeie kenmerke, soos trader graderings, kommissies, beskikbare bates, minimum deposito, en nog baie meer. Daarbenewens maak PayPal voorsiening vir veilige en vinnige transaksies. Brokercheck maak die vind van 'n handel broker wat PayPal eenvoudig en stresvry aanvaar. By watter broker kan ek met Bitcoin deponeer? As jy op soek is na 'n betroubare handel broker wat aanvaar Bitcoin betalings, Brokercheck kan jou bystaan. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en sorteer brokers gebaseer op kenmerke soos trader graderings, kommissies, beskikbare bates en die minimum deposito. Met Bitcoin kan jy dit geniet vinnige en veilige transaksies. Brokercheck maak dit maklik om 'n Bitcoin-vriendelike handel te vind broker wat aan jou behoeftes voldoen, moeitevry. Hoogs gereguleer Brokers As jy sekuriteit in jou prioritiseer trades en verkies om mee te werk brokers gereguleer in die Europese Unie, Brokercheck kan jou help om die regte te vind broker. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en rangskik brokers gebaseer op sleutelkenmerke, soos hul regulatoriese status. Met 'n gereguleerde broker, kan jy die gemoedsrus hê met die wete dat jou fondse beskerm word en dat die broker werk onder die toesig en toesig van 'n betroubare finansiële owerheid. Brokers met kantore in die EU As jy verkies om met 'n broker dit het 'n kantoor in Europa, Brokercheck kan jou help om die regte te vind broker. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en rangskik brokers gebaseer op sleutelkenmerke, soos die ligging van hul kantoor(te). Om 'n kantoor in Spanje te hê, kan voordelig wees vir traders wat plaaslike ondersteuning verkies. Daarbenewens handel met 'n broker wat 'n fisiese kantoor in die EU het kan 'n bykomende vlak van sekuriteit en vertroue bied. Algemene vrae Wat is BrokerCheck en hoe kan dit my help? BrokerCheck is 'n omvattende broker vergelykingswebwerf wat jou help om verskeie te vind en te vergelyk brokers. Dit bied gedetailleerde resensies en graderings op verskillende brokers gebaseer op verskeie kriteria soos fooie, platformkenmerke, kliëntediens, en meer. Hoe gebruik ek BrokerCheck om te vergelyk brokers? Die gebruik van BrokerCheck Is maklik. Jy kan deur ons webwerf blaai, of ons vergelykingsinstrument gebruik waar jy jou vereistes invoer, en ons sal 'n lys van geskikte verskaf brokers. Jy kan hulle langs mekaar vergelyk om 'n ingeligte besluit te neem. Is daar 'n fooi om te gebruik BrokerCheck? Nee, ons dienste is absoluut gratis vir gebruikers. Ons verskaf onbevooroordeelde, betroubare inligting om jou te help om die beste te kies broker vir jou behoeftes sonder enige koste. Hoe BrokerCheck maak geld? Terwyl ons dienste gratis is vir gebruikers, genereer ons inkomste deur vennootskappe, geaffilieerde vergoeding en advertensies. Hierdie vennootskappe beïnvloed egter nie ons resensies of die ranglys van brokers op ons webwerf, aangesien ons gebruikers vrylik laat stem. Watter faktore doen dit? BrokerCheck oorweeg wanneer gradering brokers? Ons beoordeel brokers gebaseer op verskeie faktore, insluitend hul verhandelingsplatform se bruikbaarheid, kliëntediens, tipes beleggings wat aangebied word, pryse, sekuriteit en gebruikersresensies. Ons poog om jou 'n omvattende begrip te gee van wat om van elkeen te verwag broker. Is die brokers gelys op BrokerCheck gereguleer? Ja, ons funksie net gereguleer brokers op ons platform. Dit is van kardinale belang vir jou beskerming dat jy 'n gereguleerde kies broker. Kan ek die resensies op vertrou BrokerCheck? Ja, ons resensies is onpartydig, deeglik en gebaseer op streng navorsing. Ons neem beide die voor- en nadele van elkeen in ag broker om jou 'n gebalanseerde oorsig te gee. Baie ander vergelykingswebwerwe publiseer slegs positiewe inligting, wat ons streng weier. Hoe gereeld is die inligting op BrokerCheck opgedateer? Ons streef daarna om ons inligting so op datum as moontlik te hou. Brokers verander dikwels hul bepalings en aanbiedinge, en ons werk ons ââwebwerf dienooreenkomstig op om hierdie veranderinge te weerspieël. Ons kan egter nie waarborg dat die inligting altyd op datum is nie, soos sommige brokers inligting verander sonder om dit aan te kondig of selfs in die geheim op te dateer. Kan ek 'n oopmaak brokerouderdom rekening direk vanaf BrokerCheck? Alhoewel jy nie direk 'n rekening vanaf ons webwerf kan oopmaak nie, verskaf ons skakels na die amptelike webwerwe van die brokers waar jy 'n rekening kan oopmaak. Ons moedig jou sterk aan om dit so te doen, aangesien ons dalk so deur ons vennote vergoed kan word. Dit is die enigste manier hoe ons jou ons dienste gratis kan bied. Daar is geen negatiewe gevolge in enige vorm vir jou nie. Ek het 'n probleem met 'n broker Ek het gevind op BrokerCheck Kan jy help? Terwyl ons nie kan ingryp in geskille tussen jou en jou broker, ons is hier om leiding te gee. Deel gerus jou ervaring op ons webwerf om ander gebruikers in te lig, en oorweeg dit om uit te reik na die regulerende liggaam wat toesig hou oor jou broker vir verdere hulp.
[ [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-visa.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-Paypal-3.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-Bitcoin-2.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Corredores-regulados-por-la-UE-y-Espana.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Brokers-con-oficina-en-Espana-3.png)" ] ]
https://af.gov-civil-beja.pt/charlotte-gainsbourg-s-documentary-mother-jane-birkin-gets-trailer
Charlotte Gainsbourg se dokumentêr oor moeder Jane Birkin kry voorskou: kyk Charlotte Gainsbourg se dokumentêr oor haar ma, Jane Birkin, het sy eerste lokprent. Kyk hier onder, via Skerm . Jane deur Charlotte , wat môre (8 Julie) in Cannes in première gaan, was Gainsbourg se manier om naby haar ma te kom, het sy gesê Die Hollywood-verslaggewer . Die idee was om regtig met die oog van 'n dogter na haar te kon kyk. Dit het nog nie Amerikaanse verspreiding nie. Die film is opgesit nadat Birkin aan haar dogter gesê het dat haar vrae te ondersoek is, het Gainsbourg gesê THR . Sy het gesê: ‘Ek haat wat jy in Japan gedoen het. Ek het die onderhoud gehaat. 'Ek het net vir die vervaardiger gesê:' Wel, die film is klaar. Ons kan nie voortgaan nie. ’Maar uiteindelik, het sy bygevoeg, het Birkin wel verstaan dat dit op 'n sorgsame manier gedoen is, dat dit 'n liefdesverklaring vir my ma is. Gainsbourg het ook gesê daar word beplan om die huis van haar vader Serge as museum te open.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/vanilla-koek-kaaskoek/
VANILLA KOEK KAASKOEK Ek moes kaaskoeke maak met ‘n geel kleurskema. Vanilla koek: - 4 eiers - 1 koppie suiker - 125 ml warm water - 125 ml olie - 200 g koekmeel - 20 g bakpoeier - 5 ml vanilla geursel - kleursel na smaak, indien nodig - Klits die eiers en suiker lig, voeg die warm water en olie by. Sif koekmeel en bakpoeier saam. Vou in by die eiermengsel. Ek het geel kleursel by gesit. Skep die beslag in ‘n 21 cm koekpan. Bak 180°c vir ± 20 min of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in twee lae. Kaaskoek vulsel: - 250 ml room - 250 g roomkaas - 1 blikkie kondensmelk - 75 ml suurlemoensap - Meng kondensmelk en suurlemoensap. Roer roomkaas goed tot glad en roer by die mengsel. Klits room styf en vou in. Hou eenkant tot benodig. Ganache - 200 g wit sjokolade - 200 g room - Kleursel indien verkies - Sit die sjokolade en room in ‘n dubbelkoker en smelt saam, tot net gesmelt, haal van die hitte af en roer die kleursel by. Om die kaaskoek saam te stel: Neem ‘n 21 cm losboom pan, sit bakpapier onder in en plaas die eerste laag koek in die pan. Skep die helfte van die vulsel op die koeklaag en sit die volgende koeklaag bo-op. Skep die res van die vulsel bo-op en sit in die yskas om te stol. Wanneer goed gestol, haal uit die pan en versier met ganache of soos verkies. Resep en foto: Elizabeth Haupt
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/las-que-no-iban-salir
DIE WAT NIE GAAN GAAN NIE Met die meeste spore van die snykamervloer van die YHLQMDLG sessies wys Bad Bunny dat hy sy musiek ten volle beheers, selfs al is dit 'n bietjie rof om die kante. Soos byna almal, het Bad Bunny se lewe ontspoor toe die koronaviruspandemie oor die hele wêreld heen spoel. Anders as die meeste ander, het hy 'n optrede aangebied Shakira by die Super Bowl en opnames vir sy debuutrol in die nuwe Netflix-seisoen Narcos: Mexiko toe 'n groot deel van die Westerse wêreld gesluit het, stuur hy hom terug huis toe na Puerto Rico om die krisis af te wag. Weke van isolasie het die perke van sy vermoë getoets vermaak homself —En ons — sonder om die huis te verlaat. Soos hy vertel het Rollende klip , hy gryp 'n paar ou slae, roep 'n paar OG'e op, en trek na sy krip van die ingenieur La Paciencia om 'n paar stemme op te spoor. En minder as drie maande na val YHLQMDLG , die hoogtepunt van sy loopbaan, het Bad Bunny 'n nuwe album uitgereik. Die titel van die album, DIE WAT NIE GAAN GAAN NIE , losweg vertaal na Die wat nie uitgekom het nie, 'n toneelstuk op woorde wat verwys na beide die liedjies op die plaat sowel as Bad Bunny self, wat sedert Maart in 'n Airbnb saam met sy maat gesit is. Nege van die tien spore is van die snykamervloer van die YHLQMDLG sessies; onvoltooide, ongemengde en onbemeesterde beats sonder enige stem wat Bad Bunny opgewek het terwyl hy in isolasie was, met 'n bietjie hulp van sy vriende. Die meeste van hulle verskyn in een of ander vorm tydens sy marathon tuis kwarantynekonsert het vroeër vandeesmaand regstreeks op Instagram uitgesaai. Die plaat speel vinnig en vuil, met onkarakteristieke knapperige produksiewaarde en lo-fi estetika. Selfs die albumomslag is lo-res. YHLQMDLG was 'n gladde vervaardiging van hulde aan marquesina-mengsels; DIE WAT NIE GAAN GAAN NIE dit klink asof dit eintlik een kan wees, die soort plaat wat 'n tiener Bad Bunny op een van die ondergrondse garagepartye kan speel. Hy sê hy het die rekord oor twee dae saamgestel, en dit wys. Maar ver van die ervaring afbreuk doen, is die los korrel deel van die appèl. Reggaetoncitos dat reggaeton se rowwer kante glad kon help om saam te smelt met die hoofstroom, maar Bad Bunny se loopbaan is gedefinieer deur die hoofstroom nader aan hom te trek, in teenstelling met andersom. Al het hy urbano in sy eie beeld hervorm, het hy 'n gesonde respek en bewondering getoon vir sy ondergrondse onwettige begin, en het die saak konsekwent aangevoer dat daar ruimte is vir perreo op die popkaarte. 'N Vinnige blik op die gasfunksies onthul die tweedeling van die ou skool en die nuwe skool - legendes soos Don Omar, Yandel en Zion y Lennox verteenwoordig die OG's, terwyl die opkomende hitmaker Jhay Cortez 'n blik op die talent in urbano se volgende generasie bied. En terwyl YHLQMDLG opvallend Safaera voel soos 'n huldeblyk van vyf minute aan DJ Playero se genre-bepalende mengsels van die negentigerjare, wys hy sy pet hier nog meer direk aan. BAD CON NICKY, sy samewerking met Reggaetonero van Medellin-via-Puerto Rico Nicky Jam, toon Daddy Yankee's Waar ek nie kom nie , aan seminale baan in die geskiedenis van reggaeton van Strand 37 dit maak die geslag wat reggae en español en reggaeton verbind, duidelik. Liries, DIE WAT NIE GAAN GAAN NIE hou meestal by Bad Bunny se handelsmerkseksbuigsels en partytjiekonfyt. Maar selfs in weggegooide mengselverse hou hy 'n dom sjarme; Tantos hijos que no sé cómo los crío / Y en los dedos tengo el iceberg que rompió el Titanic / Los mato flow Sosa y quedan blancos como Sammy hy rapper op RONCA FREESTYLE (Soveel kinders dat ek nie weet hoe ek hulle grootmaak nie / En op my vingers het ek die ysberg wat die Titanic gesink het / ek maak hulle dood, Sosa vloei en hulle bly wit soos Sammy). Die finale snit van die album was die enigste wat van nuuts af gemaak is tydens Bad Bunny se selfopgelegde kwarantyn en bied die mees letterlike siening van sy lewe in isolasie. Hy vergelyk die oorsaak van sy hermetiese lewenstyl met die korrupte goewerneur van Puerto Rico, en betreur beide sy gekanselleerde konserte en gebrek aan toegang tot AutoTune. Dit is ook 'n duet met sy maat, Gabriela Berlingeri, wat bewys het dat sy net soveel medewerker is, aangesien sy 'n voorloper is sedert die paar vroeër vanjaar bekend geword het met hul verhouding - sy het die verwysingsang vir sy JLo-collab gelê Jy hou van , en selfs sy onlangse geskiet Rollende klip omslag. DIE WAT NIE GAAN GAAN NIE is onvergelykbaar met Bad Bunny se eerste twee langspeelplate: dit was twee versigtig vervaardigde meesterwerke, terwyl dit bloot 'n buitemuurse projek is van 'n verveelde superster wat vir weke aaneen in 'n huis vasgevang is. Dat dit nog steeds so goed is, herinner aan sy anderstalige talent. Terug huistoe
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/marcel-se-beesvleisblokkie-pastei/
MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI Skilferkors: - 500 g ongesoute botter, in blokkies gesny - 500 g koekmeel - 250 ml sodawater - 15 ml brandewyn of suurlemoensap - Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by. Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute. Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol. Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af. Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly. Rol uit en sit bo-oor jou vulsel. Bak 1ste 10 min so op 200 ºC en dan 20 – 30 min op 180ºC. Vulsel: Vulsel is sommer beesblokkies (500 g) wat ek lank en stadig gekook het in blokkie hoender stock, wortel en seldery bygesit, droë tiemie, roosmaryn, braaivleis speserye, en titseltjie cumin, later eers aartappel bygesit en gekook tot alles sag en gaar was – die vulsel was heerlik! Resep geplaas deur Marcel-Rounel Siecker Foto: Marcel-Rounel Siecker
[]
https://af.brokercheck.co.za/broker/fpmarkte/
FP Markets Review, Toets & Rating in 2024 Skrywer: Florian Fendt - Opgedateer in April 2024 FP Markte Trader Gradering Opsomming oor FP Markte FP Markets word sterk aanbeveel vir intermediêre en ervare traders wat vertroud is met die basiese beginsels van handel met 'n broker. Die dienste van FP Markets soos die tipe rekeninge wat beskikbaar is, is aangepas vir professionele persone traders en diegene wat dalk 'n bietjie ondervinding het. Nietemin, die brokerse handelsplatforms en tegnologie word altyd voortdurend hersien en verbeter altyd. Dit is dus nie 'n verrassing dat die broker het 'n wyd aangeskrewe gebly broker vir meer as 15 jaar. ð° Minimum deposito in USD | $100 | ð° Trade kommissie in USD | Veranderlike | ð° Onttrekkingsfooibedrag in USD | $0 | ð° Beskikbare handelsinstrumente | 10000 + | Wat is die voor- en nadele van FP Markets? Wat ons van FP Markets hou FP Markets bied traders een van die laagste kommissies op die verhandeling van Forex pare. Ook, traders hoef geen fooie te betaal om fondse te deponeer en dit te onttrek nie. Dit beteken dat traders kry om meer van hul winste te geniet eerder as om hulle aan die broker. Verder, die minimum deposito wat traders moet in hul rekeninge plaas voordat hulle kan trade is prysenswaardig laag. Wat meer is, traders kry toegang tot 'n wyer reeks bates en baie opvoedkundige en navorsingsinstrumente wat hul handel sal versterk. Die kliëntedienservaring by FP Markets is van die beste, toeganklike en nuttig. FP Markets het vir meer as 15 jaar 'n goeie reputasie opgebou vir die aanbied van hoëgehalte finansiële markte-handelsdienste. Dit word gereguleer deur hoogs gerespekteerde owerhede in die finansiëledienstesektor oor die hele wêreld. Die broker het die beste wêreldwaarde gewen Forex Broker deur die Global Forex Toekennings vir 3 agtereenvolgende jare. Lae kommissies op handel. Geen deposito- en onttrekkingsfooie nie Slegs 100$ min. deposito Meer as 10000+ beskikbare bates Wat ons nie van FP Markets hou nie Alhoewel die handelsfooie wat deur FP Markets gehef word oor die algemeen laag is, is die fooie op voorraad CFDs is aan die hoër kant. Die broker bied nie goeie handel demo rekening dienste. Alhoewel die demo-rekening wat dit bied met tot $100,000 virtuele fondse kom, traders het slegs toegang daartoe vir 30 dae na registrasie. Dan, traders kan nie werklike aandele deur FP Markets koop nie. Slegs beleggers wat in Australië gebaseer is, kan toegang tot Australiese genoteerde aandele hê. Rekeningvlakke Demo-rekening beperk tot 30 dae meestal CFD aandele Geen VSA nie Traders toegelaat Beskikbare handelsinstrumente by FP Markets FP Markte bied 'n enorme verskeidenheid van meer as 10000 verskillende handelsinstrumente. In vergelyking met die gemiddelde broker, FP Markets bied 'n bogemiddelde aantal indekse, kommoditeite, geldeenheidspare. Tot die vreugde van baie ervare traders, CFD Futures is beskikbaar. Onder die beskikbare instrumente is: +60 Forex/Geldeenheidspare +8 Kommoditeite +14 Indekse +10000 aandele +5 Kripto geldeenhede Voorwaardes en gedetailleerde oorsig van FP Markets Sagteware en verhandelingsplatform van FP Markets FP Markets bied gevorderde handelsplatforms, die MetaTrader 4, MetaTrader 5, en die IRESS wat lewendige kartering, kragtige handelsinstrumente en uitstekende uitvoering bied. Die MT4-platform het 'n aanpasbare koppelvlak, regstreekse gestroomde pryse en geïntegreerde kundige adviseurs. Dit kom ook met meer as 60 vooraf geïnstalleerde tegniese aanwysers en toegang tot die Metaquotes MQL5-gemeenskap. Jou rekening by FP Markets FP Markets bied twee hoofkategorieë rekeninge om voorsiening te maak vir verskillende tipes traders. Hierdie rekeningkategorieë is: Forex Rekeninge: Hoofsaaklik vir individuele en kleinhandelbeleggers. IRESS Rekeninge: Hoofsaaklik vir professionele beleggers. Elkeen van die Forex en IRESS-rekeninge het verskillende tipes rekeninge. Forex Rekeninge Onder die Forex rekeninge, ons het Standard- en Raw-rekeninge. Standard rekening Beskikbaar op beide MT4 en MT5. Verspreidings begin van so laag as 1.0 pit. Bied nul kommissies op trades. Minimum deposito in die rekening is AUD $100 of ekwivalent. Maksimum hefboom wat toegelaat word, is 30:1. Rou rekening Beskikbaar op MT4 en MT5. Verspreidings begin vanaf 0.0 pitte. Kommissies begin vanaf $3.00 Minimum deposito ook teen AUD $100. Maksimum hefboom ook by 30:1. IRESS Rekeninge Daar is ook twee hooftipes IRESS-rekeninge: Die Standard- en Platinum-rekeninge. Hierdie tipe rekening is bedoel vir baie meer ervare traders en sommige instellings. Minimum balans vir die handelsrekening is $ 1,000. Brokerouderdom Tarief is $10 minimum, dan 0.1% per trade. Finansieringskoers teen 4% + die FP Markets basiskoers. Onaktiwiteitsfooie teen $55 per jaar. Platinum rekening Hierdie rekening is grootliks gerig op institusionele traders wie trade meer gesofistikeerde markte. Dit maak voorsiening vir CFDs, Forex, en selfs termynhandel. Dit bied lae brokerouderdomskoerse en laer finansieringskoerse Die minimum toegelate saldo is $25,000. Brokerouderdom Tarief vir elkeen trade is $9, dan 0.09% per trade. Finansieringskoers is 3.5% + die FP Markets basiskoers. Onaktiwiteitsfooi is $55, maar kan kwytgeskeld word as die rekening maandeliks minstens $150 in kommissie genereer of as die rekening hou. FP Markets Demo-rekening FP Markte bied sy traders 'n demo rekening waardeur hulle toegang tot die mark 24 uur per dag, vir 5 dae per week. Die demo-rekening maak dit moontlik traders om werklike handel uit te probeer, hoewel met virtuele fondse. Die nadeel is dat die demo-rekening slegs beskikbaar is vir 30 dae na registrasie, waarna die trader sal na verwagting na die lewendige rekening skuif. Ander brokers soos FXCM bied egter ewigdurende demo-rekeninge. FP Markets bied ook die Islamitiese rekening wat ruilvry is. Hoe om 'n rekening by FP Markets oop te maak Die opening van 'n rekening by FP Markets is redelik eenvoudig en reguit. Die stap-vir-stap proses om dit te doen word hier uiteengesit: Gaan na die brokerse handelsportaal by fpmarkets.com. Die webwerf sal outomaties na die toepaslike URL roeteer op grond van jou ligging. Klik op "Begin handel." Alternatiewelik kan jy op demo-handel klik as jy wil probeer hoe handel met FP Markets werk. Op die volgende bladsy vind u 'n verskeidenheid vorms om u persoonlike inligting in te vul, soos telefoon, ligging en ander. Die geskatte tyd om dit te voltooi, behoort ongeveer 3 minute te wees. Dit is baie korter as die tyd wat jy nodig het om by ander te registreer brokers soos FXCM wat tot 7 minute vereis vir basiese registrasie. Nadat u die basiese besonderhede ingevul het, eindig u registrasie nie daar nie. Jy moet die verifikasie- of Ken jou kliënt-proses (KYC) uitvoer. Hiervoor moet jy bewys van identiteit en bewys van verblyf indien. Bewys van nasionaliteit: 'n Regering-uitgereikte identifikasie soos 'n nasionale paspoort, bestuurslisensie, nasionale identiteitskaart en ander. Bewys van Koshuis: 'n Nutsrekening van jou nutsverskaffer, insluitend een vir gas, water, elektrisiteit of enige ander. 'n Alternatief is jou bankstaat. Al hierdie moet uitgereik word binne die laaste 3 maande tot die tyd van jou registrasie. Na al hierdie, kan jy in jou handelsrekening deponeer en die verskillende instrumente wat FP Markets bied, begin verhandel. Die minimum bedrag wat u in die handelsrekening kan deponeer, is AUD $ 100, of ekwivalent. Hoe om jou FP Markets-rekening uit te vee Die prosedure wat nodig is om jou rekening by FP Markets te sluit, verloop soos volg: Stuur 'n e-pos aan [e-pos beskerm] gebruik die e-posrekening waarmee jy by FP Markets geregistreer het. In die e-pos, versoek dat jou rekening uitgevee word, saam met 'n opregte verduideliking om die besluit te neem om dit te doen. Maak seker jy sluit jou kliënt/Trader ID en e-pos. Versoek ook onttrekking van enige fondse wat jy dalk in die rekening het. Jy behoort binnekort 'n antwoord te kry. Let daarop dat as gevolg van reëls wat deur die reguleerder bepaal word, FP Markets die verantwoordelikheid het om die rekords van kliënte se transaksies vir tot 7 jaar te hou. Die data word egter beskerm in ooreenstemming met databeskermingswette van Australië. Forex | IRESS | Demo | Min. Deposito | $100 | Van $1000 - $25 | Vanaf ⬠10000 | Beskikbare Handelsbates | +13,000 | +13,000 | +13,000 | Gevorderde kaarte / Autochartist | Ja | Ja | Negatiewe balansbeskerming | Ja | Ja | Gewaarborgde stopverlies | Ja | Ja | Aandele verlengde ure | Ja | Ja | Pers. Platform Inleiding | Ja | Ja | Persoonlike Analise | Ja | Ja | Persoonlike rekeningbestuurder | Ja | Eksklusiewe webinars | Ja | Premium geleenthede | Ja | Hoe kan ek 'n rekening by FP Markets oopmaak? Deur regulasie moet elke nuwe kliënt deur 'n paar basiese nakomingskontroles gaan om te verseker dat jy die risiko's van handel verstaan ââen tot handel toegelaat word. Wanneer jy 'n rekening oopmaak, sal jy waarskynlik vir die volgende items gevra word, so dit is goed om dit byderhand te hê: 'n Geskandeerde kleurkopie van jou paspoort of nasionale ID 'n Nutsrekening of bankstaat van die afgelope ses maande met jou adres. sal ook 'n paar basiese nakomingsvrae moet beantwoord om te bevestig hoeveel handelservaring jy het. Dit is dus die beste om ten minste 10 minute te neem om die rekeningopeningsproses te voltooi. Alhoewel u die demo-rekening onmiddellik kan verken, is dit belangrik om daarop te let dat u geen werklike handelstransaksies kan maak voordat u voldoening geslaag het nie, wat tot 'n paar dae kan neem, afhangende van u situasie. Hoe om jou FP Markets-rekening te sluit? Deposito's en onttrekkings by FP Markets FP Markets bied 'n wye reeks betaalkanale waardeur traders kan deposito's en onttrekkings uitvoer. Hierdie kanale word hieronder gelys: Krediet-/debietkaarte (veral dié wat deur Visa, MasterCard of American Express aangedryf word) Bankoorplasings/ EFT (elektroniese fondsoorplasings) BPay poli PayPal Neteller Skrill PayTrust (plaaslike bankoorplasings. Beskikbaar in spesifieke lande). Om fondse in jou handelsrekening te deponeer is gratis, aangesien FP Markets geen fooie hef nie. Elke betaalkanaal kan egter fooie hef om transaksies te laat plaasvind. Let daarop dat FP Markets geen derdeparty-betalings (deposito's en onttrekkings) aanvaar nie, aangesien dit verwerp en na die bron teruggestuur word. Dit beteken dat traders kan slegs transaksies vanaf 'n rekening in hul eie naam inisieer. Dit is vir sekuriteitsdoeleindes. Vir bankbetalings maak FP Markets dit moontlik traders om uit 'n wye verskeidenheid plaaslike geldeenhede te kies. In hierdie verband doen FP Markets baie beter as mededingers soos FXCM wat slegs 4 geldeenhede toelaat. Bankoorplasings kan 'n paar dae neem om by jou uit te kom, hoewel FP Markets dit self verwerk binne net 1 werksdag. FP Markets hef geen bankonttrekkingsfooie vir nie traders gebaseer in Australië. Dit hef egter 'n EFT oorsese onttrekkingsfooi van AUD $6. Dit is een van die goedkoopste wat jy kan vind en baie beter as wat FXCM byvoorbeeld bied. Met FXCM kan oorsese oordragte tot $40 vereis, afhangende van die land. Die uitbetaling van fondse word beheer deur die terugbetaling-uitbetalingsbeleid, wat op die webwerf beskikbaar is. Vir hierdie doel moet die kliënt 'n amptelike onttrekkingsversoek in sy/haar rekening indien. Daar moet onder andere aan die volgende voorwaardes voldoen word: Die volle naam (insluitend voornaam en van) op die begunstigderekening stem ooreen met die naam op die handelsrekening. 'n Gratis marge van minstens 100% is beskikbaar. Die onttrekkingsbedrag is minder as of gelyk aan die rekeningsaldo. Volledige besonderhede van die metode van deposito, insluitend stawende dokumente wat nodig is om die onttrekking te ondersteun in ooreenstemming met die metode wat vir die deposito gebruik word. Volledige besonderhede van die metode van onttrekking. Hoe is die diens by FP Markets Die kliëntediens by FP Markets is goed, vriendelik en dikwels behulpsaam. Hulle is 24/7 beskikbaar oor 'n verskeidenheid kanale. Daar is telefoon-, faks- en tolvrye nommers vir traders om te bel. Daar is Live Chat toeganklik op die mobiele toepassing en webwerf, beskikbaar in meer as 12 tale. Dan is daar 'n e-posklets (via [e-pos beskerm]) vir enige navrae traders wil maak. FP Markets vaar beter as 'n aantal vergelykbare brokers soos FXCM wat nie 24/7 kliëntedienstoegang bied nie. Regulering en veiligheid by FP Markets Hoogtepunte van FP-markte Vind die regte broker want jy is nie maklik nie, maar hopelik weet jy nou of FP Markets die beste keuse vir jou is. As jy nog onseker is, kan jy ons gebruik forex broker vergelyking om 'n vinnige oorsig te kry. âï¸ Gratis demo-rekening vir handel beginners âï¸ Maks. Hefboom 1:500 âï¸ 10000+ beskikbare bates âï¸ $100 min. deposito Is FP Markets 'n goeie broker? Is FP Markets 'n bedrogspul broker? Is FP-markte gereguleer en betroubaar? Wat is die minimum deposito by FP Markets? Watter handelsplatform is beskikbaar by FP Markets? Bied FP Markets 'n gratis demo-rekening aan? At BrokerCheck, is ons trots daarop om ons lesers van die mees akkurate en onbevooroordeelde inligting beskikbaar te voorsien. Danksy ons span se jare se ondervinding in die finansiële sektor en terugvoer van ons lesers, het ons 'n omvattende bron van betroubare data geskep. U kan dus met vertroue die kundigheid en strengheid van ons navorsing by BrokerCheck. Wat is jou gradering van FP Markets?
[ [ "[fpmarkte]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2021/10/fpmarkets-logo.png)" ], [ "[Pro en kontra van FP-markte]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Ventajas-e-inconvenientes.jpg)" ], [ "[Beskikbare instrumente by FP Markets]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/activos-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Hersiening van FP Markte]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Revision-y-condiciones-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Handelsplatform by FP Markets]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Software-y-plataforma-de-negociacion-disponibles.jpg)" ], [ "[Maak rekening oop en vee by FP Markets uit]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Su-cuenta-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Deposito's en onttrekkings by FP Markets]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Depositos-y-reintegros.jpg)" ], [ "[Hoe is die diens by FP Markets]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/servicio.jpg)" ], [ "[Is FP Markets veilig en gereguleer of 'n bedrogspul?]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Reglamentacion-seguridad-incidentes-de-pirateria-informatica-1.jpg)" ], [ "[fpmarkte]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2021/10/fpmarkets-logo.png)" ] ]
https://www.gxxblmy.com/af/cases/
Werkplekke in Suidoos-Asiatiese lande Mnr. Li X Shuai Ek is 'n oorsese Chinees wat in Suidoos-Asië werk, 'n handelaar wat spesialiseer in die verkoop en aankoop van laaghout.Ek is al 15 jaar in hierdie besigheid en voer laaghout uit die noorde van China af.As gevolg van ons besigheidsuitbreiding het ek by vriende van Monster Wood gehoor.Ek het gehoor hul laaghout is van goeie gehalte en het 'n goeie reputasie in China.Ek het al baie kere vriende toevertrou om die fabriek te besoek.Redelike pryse gee my hoop.Ná die samewerking het die stabiliteit van sy produkte en die tydigheid van verskaffing die plaaslike mark vir my oopgemaak, en die jaarlikse verkope het aanhou groei!Dankie Monster Wood, my goeie sakevennoot!
[ [ "[8d44ba48a2b87392721a0c1518677e3_副本]", "http://gxxblmy.com/(https://www.gxxblmy.com/uploads/8d44ba48a2b87392721a0c1518677e3_副本.jpg)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/mosselpasta/
MOSSELPASTA Ek het geen idee gehad wat om te maak vir aandete nie en het maar gekyk wat in die koskas is wat ek kan saamgooi. 250 g sampioene, opgekerf - 3 knoffelhuisies, opgekap - 2 eetlepels botter - 2 x 85 g blikkies gerookte mossels - 25 g visaftreksel (gekonsentreerde pakkies) - 125 ml room - 250 g pasta - 400 g tamatiepuree - 4 teelepels suiker - sout en peper na smaak - Braai die sampioene en knoffel in botter tot gaar. Voeg die gerookte mossels, visaftreksel, sout en peper (na smaak) by. Prut vir ‘n paar minute. Voeg die room by nadat alles deurgaar is. Kook die pasta in ‘n aparte pot tot gaar. Dreineer die gaar pasta en plaas terug in die pot op die stoof. Voeg die tamatiepuree, suiker, sout en peper na smaak by die pasta en braai vinnig vir ‘n paar minute sodat die pasta deurwarm is. Bedien die mosselsous apart op die pasta. Resep en foto: Veruschka Pelser-Carstens
[]
https://paulroos.co.za/prg-o-15-tennisspan-wen-die-nasionale-toernooi-in-pretoria/
PRG O/15-Tennisspan wen die nasionale toernooi in Pretoria Links na regs: Swannie Swanepoel (Afrigter), Charl Henning, Xander Pienaar, Willem de Waal, Pieter Kotze, Sebastian Oosthuizen, Herman Roux en Hanno Bouwer Die O/15 – tennisspan van Paul Roos was die afgelope naweek op hul beste en het die O/15- Nasionale Tennistoernooi in Pretoria oortuigend gewen deur Grey College in die finaal met 5 wedstryde teenoor 1 te klop. Die toernooi is vanjaar aangebied deur Pretoria Boys High en is op die bane van Boys High en Affies gespeel. Die Paul Roos wenspan is deur Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Charl Henning, Hanno Bouwer en Herman Roux verteenwoordig. Die skole wat deelgeneem het was: Paul Roos Gimnasium, Grey College, Kearsney College, Pretoria Boys High, Waterkloof, Affies A en B, St Benedicts, Menlo Park en KES Die 10 skole was in twee groepe opgedeel en ‘n rondomtalietoernooi het tussen die skole in elke groep plaasgevind. Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die wenner te bepaal. Die PRG-seuns het al hul wedstryde in die groepfase oortuigend gewen en het in die semi-finaal met die span van Kearsney College met 5 wedstryde teenoor 0 afereken. Kearsney het verras om die semi-finaal te haal deur meer punte as Waterkloof in die ander groep te behaal. In die finaal het die Paul Roosers hul goeie spel van die naweek voortgesit en het die span van Grey College oortuigend met 5 wedstryde teenoor 1 geklop en is as die wenners van die gesogte titel aangewys. Die uitslae van die Paul Roos span is as volg gedurende die toernooi: PRG wen Menlo Park: 9 – 0 PRG wen Affies: 8 – 1 PRG wen KES: 9 – 0 PRG wen St.Benedicts: 9 – 0 PRG wen Kearsney College: 5 – 0 (semi-finaal) PRG wen Grey College: 5 – 1 (finaal) Baie geluk aan hierdie Paul Roosspelers met die prestasie.
[ [ "[]", "http://paulroos.co.za/(https://paulroos.co.za/files/2022/08/PRG-O15-Wenspan-2022-1060x705.jpg)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/zulu-voel-veer-vir-sukkelende-saners-honger-kinders/
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu (4 Maart 2020) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA) Dit het onlangs aan die lig gekom dat Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en haar waarnemende direkteur-generaal, Linton Mchunu, altesaam R100 miljoen verkwis het wat bedoel was om oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) by te staan. Dít kom skaars ʼn week nadat die nasionale teenkorrupsie blitslyn (NACH) se kommissaris, Anele Gxoyiya, onthul het dat 63,6% van 2022/’23 se klagtes in die tweede kwartaal verband hou met voorvalle van beweerde bedrog rakende die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa). Bridget Masango, die DA se woordvoerder oor sosiale ontwikkeling, sê ondanks die DA se eerste bevraagtekening oor Zulu se versuim om haar departementfondse uit die kriminele batesherwinningsrekening (CARA) in 2020 te laat administreer, het sy en Mchunu die administrasie van die fondse – wat bedoel is vir GBVF-slagofferprogramme – na die Nasionale Ontwikkeling Agentskap (NDA) teen ʼn koste van R6 miljoen oorgeplaas, wat die geld op hul beurt dan aan burgerlike samelewingsorganisasies (CSO’s) uitgedeel het wat nooit vir hierdie befondsing oorweeg moes word nie. “Die CSO’s het nie adresse gehad nie en was ten tyde van die ontvangs van die fondse al vir langer as ʼn jaar nie meer funksioneel nie. “Zulu en Mchunu het dit ook goed geag om die fondse agter die nasionale Tesourie se rug oor te dra,” sê Masango. Sy meen dit is dus geen verrassing dat GBVF-slagoffers min tot geen voordeel uit die R100 miljoen gekry het, wat spesifiek vir hulle bedoel was nie. “Dit is ook nie ʼn skok dat die NDA en die departement van maatskaplike ontwikkeling versuim het om die CSO’s te monitor nie. Die ouditeure het kennis geneem van die onttrekking van groot bedrae geld uit CSO-rekeninge net nadat die fondse gedeponeer is, maar daar is geen rekening gehou oor waarvoor dit gebruik is nie.” Masango sê dit is nou duideliker as ooit dat Zulu die departement van maatskaplike ontwikkeling – bedoel om die armstes en kwesbaarste in ons samelewing te dien – as niks meer as haar persoonlike spaarvarkie sien nie. “Dit is duidelik dat sy nie eers ʼn bietjie vir sukkelende Suid-Afrikaners, honger kinders of GBVF-oorlewendes omgee nie. Dit is ook duidelik dat sy alles in haar vermoë sal doen om diegene in haar departement wat probeer om sy mandaat na te kom, opsy te skuif. Die DA het al verskeie kere gevra dat minister Zulu afgedank word. “Ons verwag nie meer dat pres. Cyril Ramaphosa die regte ding sal doen nie,” het Masango gesê. “Ons hoop wel dat Suid-Afrikaners vir hulself sal opstaan en die ANC-regering as geheel in 2024 sal uitskop.” Nie een kader gee om nie. Hoekom verbaas maar net nog a onbevoegde cANCer kader. Sy moet vervolg word en alle geld waarvoor daar nie a oudit lyn is nie van haar verhaal word Pay back the money! Me myself and I. Vat en vreet. Onverandwoordbaar. Gewetenloos. Onaanspreeklik. ‘n paar standaard kenmerke van ‘n getroue kameraad en kader. Ons moet die ordentlike oom en tannie wees. Ons mag nie vloek nie want dit is teen die reels. Maroela weet julle,besef julle wat in sekere wit afrikaner harte omgaan. Ek mag nie haat nie want dan word ek aangekla ,maar mag die Almagtige Vader sy woede uitstort oor Suid Afrika en sy Woord in ere kom herstel sodat die wat hul rug op Hom gedraai kan sien hoe Hy n land kan platvee soos Sodom en Gomora. En so verloor die ANC n paar duisend stemme na hulle n paar skelms se stemme gekoop het. Swak besigheid ou CR! So sal hulle aangaan en hul eie graf grawe … bietjie vir bietjie. Sy is nie die enigste kader wat kosbare belastinggeld geld verkwis nie. Die hele regering voel ñ veer. Gelukkig sql hul nie altyd in beheer bly nie. Gierigheid, minagting van die reg etc. die regering sit met n onversadigbare honger na geld en mag…niks ander maak saak nie Wie gaan haar laat toesluit? Kom DA, wys julle omgee vir ons belastingbetalers dat ons volgende jaar ons kruisie op die regte plek kan trek. Of Solidariteit, doen wat reg is, en sluit haar toe!! @Danie, hierbo … ek hoop jy besef dat as g-d die land kom platvee, dit my en jou sal insluit. “G-d se wraak” sal ‘non-selective’ wees, wat beteken dat mense wat reg lewe en niemand skaad nie, ook daardeur geraak sal word. Wees versigtig waarvoor jy bid. weer eens n bewys dat sekere afrikane nie in top posisies hoort nie …
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2020/05/zulu-lindiwe-320x213.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/ander-sport/rafa-mik-na-titel-in-novak-se-afwesigheid/
Rafael Nadal van Spanje hou die trofee vas kort nadat hy die Amerikaanse Ope-tenniskampioenskap gewen het (8 September 2019). (Foto: Charles Krupa/AP) Rafael Nadal sal poog om die 23ste Grand Slam-titel van sy loopbaan in te oes wanneer die Amerikaanse Ope volgende week in New York begin. Die 36-jarige speler het die eerste wedstryd ná sy jongste besering in Cincinnati teen Borna Coric (die uiteindelike wenner van die Western & Southern-ope) met 7-6, 4-6 en 6-3 verloor. Hoewel sy maagspierbesering sy afslaanwerk gekniehalter het, begin hy stadig maar seker weer op alle suiers op die oefenbaan vuur. Grand Slam-glorie is immers op die spel. “Ek slaan steeds meer versigtig as normaalweg af, maar ek is meer as tevrede met die intensiteit waarmee ek oefen. Ek het vir die afgelope vyf dae elke dag oefenstelle gespeel en dit help ’n mens beslis,” het Nadal gesê. Die Spaanse ster het reeds vier keer in sy loopbaan met die Amerikaanse Ope-louere weggestap en in Novak Djokovic se afwesigheid behoort hy een van die gunstelinge te wees om weer die silwerware omhoog te hou. “Ek is bly om weer hier te kan speel. New York speel ongetwyfeld ’n belangrike rol in my loopbaan en ek sien uit daarna om met elke oefensessie te verbeter.” Tog is hy hartseer dat Djokovic nie saam met hom by die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar sal afslaan nie. Die Serwiese ster se inentingstatus beteken dat hy nog ’n toernooi sal misloop nadat hy vroeër vanjaar ook toegang tot die Australiese Ope geweier is. “Dit is altyd jammer wanneer een van die beste spelers in die geskiedenis van die spel nie deel van die Grand Slam-aksie is nie. Dit is moeilik vir die ondersteuners én vir die toernooi. Dit is ook nie goed vir die spelers nie, want ons wil teen die beste speel.” Hy meen egter dat die Amerikaanse Ope nie van sy glans met Djokovic se afwesigheid sal verloor nie. “Ek het dit al ’n hele paar keer vantevore gesê – die spel is groter as enige speler. Tennis sal voortgaan, selfs wanneer ek, Novak of Roger (Federer) nie meer speel nie.” Sadly, I will not be able to travel to NY this time for US Open. Thank you #NoleFam for your messages of love and support. ❤️ Good luck to my fellow players! I’ll keep in good shape and positive spirit and wait for an opportunity to compete again. ???????? See you soon tennis world! ???????? — Novak Djokovic (@DjokerNole) August 25, 2022
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2019/09/rafael-nadal-1-320x213.jpg?x66032)" ] ]
https://www.lapa.co.za/verkleurmannetjie
Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom … Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat weet hoe 'n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk!
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/jim-steinman-songwriter-behind-meat-loaf-s-bat-out-hell
Jim Steinman, liedjieskrywer Behind Meat Loaf se Bat Out of Hell, sterf op 73 Jim Steinman, die komponis, liriekskrywer, vervaardiger en multi-instrumentalis wat al die liedjies op Meat Loaf geskryf het Vlermuis uit die hel en Bat Out of Hell II: Terug in die hel , is oorlede, TMZ en Rollende klip verslag doen. 'N Doodsoorsaak is nie bekend gemaak nie. Steinman was 73 jaar oud. Jim Steinman is in 1947 in New York gebore. Hy het op Long Island grootgeword en in 1965 aan die George W. Hewlett High School gegradueer voordat hy in Amherst College studeer en in '69 studeer. As senior by Amherst het Steinman die produksie van musiekteater geskep en vertolk Die droommotor , wat volgens hom 'n rock-epos van drie uur met tonne naaktheid genoem het. Onder die kykers van Die droommotor was Joseph Papp, stigter van die Public Theatre, wat saam met Steinman gewerk het om die musiekblyspel aan te pas in 'n show genaamd Neverland , wat uiteindelik in 1977 sy première gehad het. Deur sy verbintenis met die Openbare Teater het Steinman saam met Meat Loaf begin werk, wat in 1973 in die produksie van Steinman's verskyn het. Meer as wat jy verdien . In 1975 verlaat Steinman die teaterwêreld om te konsentreer op die maak van musiek saam met Meat Loaf. Twee jaar later is hul samewerking op skouspelagtige wyse verwesenlik met Meat Loaf se debuut Vlermuis uit die hel , wat een van die topverkoperalbums van alle tye sou word. Steinman en Meat Loaf het jare uitmekaar deurgebring voordat hulle weer bymekaargekom het vir die trefferverhaal van 1993 Bat Out of Hell II: Terug in die hel , met Meat Loaf se mees ikoniese liedjie I'll Do Anything for Love (But I Won't Do That). Lou Reed is beweer om die album die toekoms te noem vanwaar rock op pad moet wees. Behalwe sy werk met Meat Loaf, het Jim Steinman treffers geskryf vir Bonnie Tyler (Total Eclipse of the Heart), Céline Dion (It's All Coming Back to Me Now), the Sisters of Mercy (More), en ander. Hy het ook die solo-album uitgereik Sleg vir goed in 1981. Steinman is genomineer vir vier Grammy-toekennings en deel in 1997 die Grammy-toekenning as album van die jaar vir sy werk aan Céline Dion's Val in jou . Hy is in 2012 opgeneem in die Songwriters Hall of Fame en in 2016 in die Long Island Music Hall of Fame. Een van die finale prestasies van Jim Steinman se leeftyd was om te draai Vlermuis uit die hel in 'n verhoogvertoning. Bat Out of Hell: The Musical het in Februarie 2017 sy première in Manchester, Engeland gehad en die volgende paar jaar op verskeie plekke aangebied. Dit was 'n musiekblyspel, het Meat Loaf gesê Die New York Times . Ek het dit 'n rock show gemaak. Jimmy het dit omgedraai en 'n musiekblyspel gemaak. Dit is wat hy wou hê dit moes wees. In 'n verklaring aan Rollende klip , Onthou Bonnie Tyler haar ontslape medewerker: ek is absoluut verpletter oor die heengaan van my langdurige vriend en musikale mentor Jim Steinman, het sy gesê RS . Jim het 'n paar van die mees ikoniese rockliedjies van alle tye geskryf en vervaardig, en ek was baie bevoorreg dat ek sommige van hom gegee het. Ek het twee albums saam met Jim gemaak, alhoewel my platemaatskappy aanvanklik gedink het dat hy nie met my wil saamwerk nie. Gelukkig was hulle verkeerd, en kan sonder twyfel sê dat Jim 'n ware genie was.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=29-januarie-2003
Notule Canola- en Lupienwerkgroepvergadering gehou op 29 Januarie 2003 in die PNS-Raadsaal, Rivonia Opening Die vergadering word geopen met gebed deur dr De Kock. Verwelkoming Die Voorsitter, mnr GJH Scholtemeijer, heet almal teenwoordig welkom by die vergadering. 'n Spesiale woord van verwelkoming word gerig aan dr J Dreyer wat die vergadering vir die eerste keer bywoon asook mev Du Toit wat die notule gaan neem. Presensie Teenwoordig Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Dr J Dreyer LNR-IGG Dr AA Nel LNR-IGG Mnr JC Smit LNR-IGG Me D Fourie LNR-IGG Mnr JF Maree PNS-kontrakteur, Vrystaat Mnr CL Grimbeek PNS-kontrakteur Mnr H Agenbag PNS-kontrakteur, Wes-Kaap Mnr WF van Wyk PNS-kontrakteur, Mpumalanga Mev I du Toit Sekretaresse Verskonings Dr J Saayman-du Toit LNR-IGG Mnr L Killian PNS-kontrakteur, KwaZulu-Natal Personalia Die volgende persone word geluk gewens: Me D Fourie met die verwerwing van haar doktorsgraad; Dr M Griessel met sy aanstelling as Direkteur van Rainbow Chickens; en Dr De Kock met die erkenning wat aan hom gegee is deurdat die LNR Wintergraan Instituut, die nuwe hoofkantoor te Bethlehem na hom vernoem het. Vasstelling van die sakelys Die Voorsitter meld dat: Die vergadering aanvanklik bekend gestaan het as die Lupienewerkgroep Somerreënvalstreek; Van die PNS-kontrakteurs met meer as een (1) gewas werk; Daar nie eintlik 'n forum was waar canola in die somerrëenvalstreek bespreek kon word nie; Sojabone breedvoerig bespreek word by die Sojawerkgroep en Sojaboonforum; Die vergadering derhalwe die geleentheid skep dat medewerkers en PNS-kontrakteurs sake van belang rakende sojabone, lupiene en canola met mekaar bespreek wat eenvormigheid bevorder; en Ten opsigte van canola die PNS-kontrakteurs baie nouer met Dr Nel sal moet saamwerk. Goedkeuring van notule Besluit dat die notule van die vergadering van die Lupienewerkgroep gehou op 8 Oktober 2002 goedgekeur word, nadat die volgende wysigings aangebring is: Bladsy 13, Item 7.6.3 (c) – gewysig word om soos volg te lees: "Hy meld verder dat dit nie 'n besproeiingsgebied is nie, maar dat die reënval dwarsdeur die jaar eweredig verspreid is". Bladsy 18, Item 10.1.1 – paragraaf 2 gewysig word om soos volg te lees: "Die Voorsitter noem dat hy foto's gesien het van die aanplantings en daar baie onkruide was, waarop dr Purchase meld dat hy reeds gedurende Mei 2002 die onkruid opgemerk het". Bladsy 19, Item 11.1, paragraaf 3 – die laaste sin gewysig word om soos volg te lees: "Dr Griessel stel voor dat mnr Killian sy inligting beskikbaar stel aan dr Saayman-du Toit wat dan ook met mnr Ferreira in verbinding kan tree rakende die resultate van die werk waarmee hy besig is en Dr Saayman-Du Toit versoek word om terugvoer aan die werkgroep te gee". Bladsy 20, Item 12.1 – derde sin gewysig word om soos volg te lees: "Dr Purchase berig dat die LNR geen kontrak met ICARDA het nie". Algemene oorsig Oesskattings Die Voorsitter doen aan die hand dat 'n algemene oorsig oor die oesskattings / voorneme om te plant en weerstoestande in die provinsies gegee word. Mnr Van Wyk berig dat dit baie droog is en slegs 66% van die voorgenome aanplantings gedoen is. Die Voorsitter verneem wat die situasie met mielie-aanplantings in Mpumalanga is en of daar sojabone geplant sal word, waarop mnr Van Wyk meld dat daar baie onkruide op die lande is en sojabone nie geplant kan word nie, ook omdat dit te droog is. Dr Dreyer meld dat volgens inligting ontvang vanaf Mnr Ferreira rakende Mpumalanga in die Middelburg gebied slegs 47% aanplantings voltooi is, in die Morgenson en Amersfoort gebied minder as 20% aanplantings voltooi is en in die Standerton gebied 30% aanplantings voltooi is. Dr Dreyer meld verder dat in Noordwes Provinsie aanplantings tot in Desember gedoen kan word. Ten opsigte van die Oos-Vrystaat word gemeld dat koue skade aangerig het aan die koring en in KwaZulu-Natal slegs 4% van die aanplantings gedoen is. Mnr Maree berig dat ten opsigte van die Oos-Vrystaat die Ladybrand / Maseru-gebied ± 200mm reën gehad het en sojabone en mielies geplant word. Hy meld verder dat baie produsente geplant het met die hoop dat dit sal reën. In die Odendaalsrus gebied het rypskade by lupiene voorgekom. Ten opsigte van die Suidwestelike Distrikte berig mnr Grimbeek dat vanaf die begin van November 2002 daar baie wind was en die reënval baie laag. Dele vanaf George, Hartenbos en na die berg toe het goed reën gekry, maar in die Riversdal gebied is dit baie droog. Mnr Grimbeek meld verder dat indien dit binnekort reën die sonneblom oes goed sal wees, maar dat vooruitsigte vir die aanplanting van sojabone nie goed is nie. Mnr Agenbag berig dat in die Wes-Kaap die winter oeste van canola en Lupiene suksesvol was. Die Voorsitter meld dat indien daar na die inligting van die Oesskattingskomitee gekyk word dit inligting bevat soos op 20 November 2002. Besluit dat kennis geneem word van die mondelinge mededelings rakende die voorneme om te plant in die onderskeie provinsies. KwaZulu-Natal Lupiene Alkaloïedvlakke – artikel oor nadelige gevolge van terughou van saad Kennis word geneem dat die artikel oor die nadelige gevolge van die terughou van saad voor saaityd weer herhaal sal word in die Maart 2003 uitgawe van Lupino. Oppervlakte Kennis word geneem dat daar nie oor akkurate inligting beskik word nie, en die 300ha soos deur mnr Killian berig dus nog van toepassing is. Cultivars vir saad Die Voorsitter doen aan die hand dat die aangeleentheid bespreek word onder item 9. Gesprek met mnr B Louw rakende betrokkenheid van PNS by lupiene in KZN Die Voorsitter meld dat die aangeleentheid nog met dr Louw bespreek moet word en doen aan die hand dat die aangeleentheid oorstaan na die volgende vergadering. Besluit dat 'n opvolg gesprek met dr Louw gereël word rakende die verhuising van mnr Killian uit KwaZulu-Natal. Voorsitter Mnr Killian Dr Louw Plant van ingevoerde angustifolius Die Voorsitter berig dat hy 'n gesprek gevoer het met mnr Killian oor die Tanjil saad wat in KwaZulu-Natal geplant is. Die Voorsitter meld verder dat mnr Killian hom meegedeel het dat 6-7 ton saad vanaf die aanplanting verwag kan word. Die Voorsitter bevestig dat daar met Agricol ooreengekom is dat die saad wat nie gebruik word nie deur die maatskappy oorgeneem sal word. Mnr Smit meld dat daar ook Angustifolius aanplantings te Koedoeskop en Potchefstroom gedoen is. Besluit dat kennis geneem word van die aanplanting van Angustifolius op Koedoeskop en Potchefstroom; Mnr Smit die aangeleentheid rakende die aanplanting van Tanjil saad wat in KwaZulu-Natal gedoen is oorstaan totdat meer inligting beskikbaar is. Sojabone Ondersoek van Departement van Landbou, KZN rakende verbouing van sojabone Die Voorsitter meld dat die Departement van Landbou, KwaZulu-Natal 'n tender uitgegee het om ondersoek te doen rakende die verbouing van sojabone in KwaZulu-Natal. Die uitslag van die aangeleentheid is nog nie beskikbaar nie. Die aangeleentheid staan oor na die volgende vergadering. Uitbreidingspotensiaal en aksies Canola Die Voorsitter meld dat mnr Van den Aardweg aan hom bevestig het dat hy nog 18 ton canola beskikbaar het. Volgens mnr Van den Aardweg is die res van die oes in Swellendam gelewer. Die Voorsitter doen aan die hand dat mnr Killian versoek moet word om mnr Van den Aardweg van hulp te wees met die oorblywende 18 ton canola. Mnr Smit meld dat Murray Voere gekontak kan word, aangesien hul dalk mag belangstel. Dr Nel deel die vergadering mee dat in gedagte gehou moet word dat canola suksesvol verbou kan word in gebiede waar koring aangeplant word. Waar koring onder besproeiing in KZN verbou word, is daar moontlik potensiaal vir canola. Die Voorsitter meld dat daar nog nie op 'n plaasvervanger vir mnr Killian besluit is nie en verneem van dr Dreyer of hy iemand kan aanbeveel. Dr Dreyer meld egter dat hy nie iemand kan aanbeveel nie en die saak met dr Louw bespreek moet word. Die vergadering kom ooreen dat dr Louw versoek word om iemand te identifiseer om aandag te gee aan sojabone en canola in KZN, maar dat daar nie verder aandag gegee word aan die bevordering van lupiene in die provinsie nie. Dr Dreyer verneem waar in die Winterton gebied canola geplant kan word, waarop dr Nel berig dat daar heelwat besproeiing in die Winterton gebied, Tugela, die middellande en westelike gebied van KZN is. Die Voorsitter meld dat daar nog nie aktief begin is met die bevordering van canola in die somerreënvalstreek nie, en die aangeleentheid oorweeg sal moet word. Die Voorsitter verneem van Dr Griessel hoe hy die rol van canola in die veevoerbedryf sien, waarop dr Griessel meld dat daar gekyk sal moet word na die hoeveelhede wat geproduseer word en of dit koste effektief is. Hy benadruk dat die saak eers verder bespreek moet word. Die Voorsitter doen aan die hand dat die PNS Tegnologiekomitee moet besin oor die aangeleentheid en spesifiek waar betekenisvolle hoeveelhede canola in die somerreënvalstreek geproduseer kan word. Indien gebiede geïdentifiseer is kan gesprekke met veevoermaatskappy aangeknoop word. Dr Nel stel voor dat dit dalk sinvol sal wees vir die PNS om met die koöperasies in die verskillende gebiede samesprekings te voer rakende die aangeleentheid. Hy meld verder dat produsente in canola sal belangstel indien dit ekonomies kan kompeteer met koring of 'n alternatief soek vir koring. Die Voorsitter doen aan die hand dat die LNR die PNS adviseer rakende die groot besproeiingsgebiede. Indien die gebiede geïdentifiseer is kan die PNS in samewerking met die LNR die saak verder oorweeg. mnr Killian versoek word om mnr Van den Aardweg van hulp te wees met die oorblywende 18 ton canola; 'n moontlike plaasvervanger vir mnr Killian met dr B Louw bespreek word; die LNR vyf (5) tot ses (6) besproeiingsgebiede in die somerreënvalgebied identifiseer waar canola verbou kan word, waarna die aangeleentheid verder oorweeg sal word. Dr Nel Griekwaland-Oos Mpumalanga Lupiene – proefwerk Ermelo Die Voorsitter verneem wie verantwoordelik was vir die proefwerk te Ermelo, waarop mnr Smit bevestig dat goeie samewerking ontvang is vanaf die Departement van Landbou, Mpumalanga. Mnr Smit meld verder dat die aanplantings mooi opgekom het, maar dat die droogte 'n probleem is en dat daar heelwat uintjies is. Die Voorsitter meld dat mnr Van Wyk bevestig het dat die opbrengs ± 1,2 ton/ha was in Mpumalanga. Mnr Van Wyk meld dat aanplantings wel gedoen is, maar die droogte het veroorsaak dat daar nie baie sojabone is nie. Mnr Van Wyk berig dat die beoogde proewe wel aangeplant is met die uitsondering van een (1) aanplanting. Hy bevestig dat die aanplantings deur die Departement van Landbou gedoen is en hy hulle van tegniese advies voorsien het. Mnr Van Wyk meld verder dat een (1) aanplanting onder besproeiing en twee (2) onder droëland toestande geplant is, geen Sclerotinia werk gedoen word nie en die eerste aanplanting te Kinross deur die hael weggeslaan is. Gesprek mnre Volschenk en Dongo Die Voorsitter meld dat hy 'n telefoniese gesprek met mnre Volschenk en Dongo gehad het na aanleiding van die Lupien werk wat vir mnr Smit gedoen sou word. Hy meld verder dan mnr Volschenk nie die pos as Hoof Direkteur gekry het nie. Gesprek sal nog met mnre Volschenk en Dongo gevoer word. Vrystaat Lupiene Ronell Saad – saadvermeerdering Mnr Maree berig dat ten opsigte van die saadvermeerdering van Ronell-saad daar 'n aanplanting van 25ha by Bethlehem gedoen is. As gevolg van ryp en die droogte is dit moeilik om te bepaal watter sukses behaal gaan word. Kennis word geneem dat daar ook 'n aanplanting gedoen is te Potchefstroom. Noordwes-Vrystaat Mnr Maree berig dat hy wel in kontak was met mnr Lubbe en hy gewillig is om in die Odendaalsrus-gebied, te werk. 'n Voorwaarde is egter dat die oes in sakke moet wees. 'n Probleem is ook ondervind met een (1) van die cultivars. Oos-Vrystaat Mnr Maree meld dat daar 550-600ha geplant is. In die OVK gebied waar 200 ha aangeplant was sal daar 'n pertinente poging aangewend word om uitbreiding te bewerkstellig. Lupiene is wel geplant in die Maseru gebied, maar slegs een (1) produsent het sojabone geplant. Sentraal-Vrystaat en Glen Die Voorsitter meld dat mnr Maree bevestig het dat die gebied baie droog is. Op 'n vraag van die Voorsitter of die proewe onder besproeiing geplant is, antwoord mnr Maree dat dit nie gedoen is nie, as gevolg van 'n infrastruktuur probleem. Mnr Maree berig verder dat Glen ook nie oor 'n geskikte planter beskik nie. Dr De Kock wys daarop dat daar tydens 'n vergadering bevestig is dat daar wel 'n planter beskikbaar is. Dr Dreyer word versoek om ondersoek in te stel oor die moontlikheid om die aanplantings te doen, waarop dr Dreyer bevestig dat hy die saak sal ondersoek. Dr Dreyer bevestig egter dat geen implemente op Glen gelos kan word nie. Mnr Maree meld dat die pype ook te kort is om die besproeiing te doen. Die Voorsitter doen aan die hand dat mnre Maree en De Beer 'n skriftelike verslag indien oor die probleme te Glen ten einde hom in staat te stel om die saak met mnr Oelrich op te neem. dr Dreyer ondersoek instel na die verskaffing van implemente om die aanplantings te doen; Dr Dreyer mnre Maree en De Beer 'n verslag indien rakende die probleme wat ondervind word by Glen, waarna die Voorsitter die saak met mnr Oelrich sal opneem. Mnr Maree Mnr De Beer Suidoos-Vrystaat Die aangeleentheid is afgehandel onder item 7.5.2.2. Mnr Maree meld dat 12 000ha onder kontrak geplant sou word, maar dat slegs 800ha gerealiseer het. Hierdie aangeleentheid is nie bespreek nie. Canola Mnr Maree meld dat canola aangeplant is in Winburg en Ficksburg, maar die koue in Winburg en die droogte in Ficksburg die aanplantings laat misluk het. Dr Nel meld dat hy 'n aanplanting te Sandvet gehad het wat deur die hael getref is gedurende Augustus. Dit het egter tot so 'n mate herstel dat die opbrengs ± 2-2,5 ton/ha was. Op 'n vraag van die Voorsitter rakende die projek van dr Nel, bevestig dr Nel dat daar die afgelope seisoen in die NTK gebied, op Potchefstroom en Vaalharts aanplantings was en dat slegs Sandvet bykom. Hy berig dat verskillende cultivars aangeplant sal word. Volgende jaar sal die plantdatum proef herhaal word met verskillende cultivars en op Vaalharts sal 'n nasionale cultivarproef aangeplant word. Dr Nel meld dat Griekwaland-Wes Koöperasie baie geïnterreseerd is en ondersoek sal doen oor die moontlike aanplanting van 'n cultivarproef in hul gebied. Die Voorsitter verneem hoekom daar nie samewerking is tussen mnr Agenbag en dr Nel ten opsigte van die aanplanting van die nasionale cultivarproewe in die somerreënvalstreek nie, waarop dr Nel meld dat slegs 'n beperkte hoeveelheid cultivars wat vanaf die saadmaatskappye gekry word in die somerreënval gebied geplant kan word. Dr Nel meld dat daar tans 12 cultivars gebruik word en bevestig dat saadmaatskappye ook hul eie proewe doen. Noordwes provinsie Mnr Smit meld dat daar baie min sojabone in die Noordwes Provinsie aangeplant word. Die Voorsitter verneem of daar enige moeite gedoen moet word met die bevordering van sojabone in die Noordwes Provinsie, waarop dr Dreyer berig dit dat tans baie droog is, maar daar wel groei behoort te wees. Canola Aanplantings te Vaalharts, Wisselbou – vordering Dr Nel berig dat geen aanplantings deur produsente gedoen is nie. Hy meld egter dat die aanplanting wat deur hom gedoen is reeds geoes is en die opbrengs meer as 4 ton/ha was. Die Voorsitter verneem of daar enige resultate is waar canola in 'n wisselboustelsel gebruik word, waarop dr Nel meld dat 'n wisselbouproef vir volgende jaar beoog word en sodanige projekvoorstel ingedien sal word. Op 'n vraag van die Voorsitter of daar volgende seisoen kommersiële aanplantings van canola sal wees, bevestig dr Nel dat indien dit gemeet kan word aan die belangstelling wat getoon word deur produsente daar wel kommersiële aanplantings sal wees. Mnr Smit meld dat produsente wel belangstel, maar nie 'n mislukking wil maak in die eerste jaar nie. Dr de Kock meld dat die inligting ontvang vanaf dr Nel uitstekende nuus is, maar meer sekerheid verkry moet word rakende die verbouingspraktyke en afsetpunte. Die studie van dr Nel is dus baie belangrik. Indien daar sekerheid is oor die verbouingspraktyke en afsetpunte kan canola gepropageer word met strookproewe. Die Voorsitter verneem of slegs cultivarproewe geplant is en of daar ook strookproewe geplant is, waarop dr Nel bevestig dat daar wel 'n strookproef was wat nou vervang gaan word met 'n wisselbouproef. Die Voorsitter meld dat indien daar beplan word om in 2004 produsente te kry wat kommersieel canola te plant die werk wat gedurende 2003 gedoen gaan word van so aard wees dat dit demonstrasie waarde het. Projek Lente-aanplanting Dr Nel bevestig dat daar wel lente-aanplantings gedoen is, maar die eerste aanplanting wat in November gedoen is, 'n mislukking was. Daar is ook 'n tweede plantdatum in Desember. Gedurende Februarie 2002 is 'n aanplanting op Potchefstroom gedoen wat 'n sukses was. Dr Nel meld verder dat probleme ondervind word met die vestiging van canola gedurende Oktober en November al word dit onder besproeiing aangeplant. Hy beveel aan dat die werk gestaak moet word. Besluit dat daar nie voortgegaan word met lente-aanplantings van canola nie, aangesien daar dit nie suksesvol blyk te wees nie. Wortelsiektes by koring – vordering Dr de Kock bevestig dat dr Nel wel samesprekings gehad het met die LNR-KGI wat begerig is om met die LNR-IGG saam te werk en ook die siektes te monitor in die wisselbouproewe. Dr Nel bevestig dat die LNR-IGG die projek sal registreer maar dit in samewerking met die LNR-KGI uitgevoer sal word. Die Voorsitter meld dat indien canola voordele inhou vir wortelsiektes by koring sodanige samewerking in die verband by die LNR-IGG en LNR-KGI gelaat word. Indien daar iets spesifiek voortspruit uit die aangeleentheid, kan dit in die vorm van 'n projekaansoek voorgelê word. Dr Nel verneem of die PNS bereid sal wees om 'n projek wat spesifiek op wortelsiektes by koring gerig is te finansier indien sodanige aansoek nie by die Wintergraantrust slaag nie. Die Voorsitter meld dat die PNS sodanige projek waarskynlik nie alleen sal befonds nie. Dr Griessel meld dat hy van mening is dat die Wintergraantrust die voordeel in die navorsing sal sien. Die Voorsitter meld dat daar oor heelwat ondervinding beskik word in die winterreënvalstreek en indien daar probleme in die somerreënvalstreek met siektes is, die PNS bereid sal wees om saam met die Wintergraantrust na soortgelyke wisselbouwerk ten opsigte van koring onder besproeiing in die somerreënvalstreek te kyk. Die Voorsitter meld verder dat die PNS nie nou verbind kan word nie, maar die aanvoeling is dat daar tesame met die Wintergraantrust ondersoek gedoen kan word na die voordele van wisselbou tussen canola en koring in 'n poging om die koring en canolabedryf te bevorder. Cultivar- en strookproewe Die aangeleentheid is afgehandel onder item 7.5.3.1. Winter-aanplantings in somerreënvalstreek Onderhandeling met NWK en Landboukundiges van Senwes rakende akkommodering van canola vanaf Vaalharts Die aangeleentheid staan oor. Dr Nel berig dat kennis geneem is van 180/ha wat by Lichtenburg geplant is. Die aanplanting was hoofsaaklik vir saad. Die totale oppervlakte vir canola in die Noordwes Provinsie is 350ha. Die aangeleentheid is nie bespreek nie. Limpopo provinsie Lupiene Tanjil – saad vanaf Australië Die Voorsitter verneem of Tanjil saad in die Limpopo Provinsie geplant is, waarop mnr Smit berig dat daar van die saad geplant was te Koedoeskop en Potchefstroom. By Koedoeskop is klaar geoes en ± 1 ton saad is geoes. 'n Deel van die saad gaan vir verdere proewe gebruik word en die oorblywende gedeelte sal deur Agricol oorgeneem word. Daar word ooreengekom dat die totale aangeleentheid gedurende Januarie/Februarie 2003 met die LNR-IGG bespreek sal word. Die Voorsitter doen aan die hand dat die oortollige saad aan Agricol beskikbaar gestel word en indien hulle daarin belangstel 'n prys vir die oorname van die saad met hulle onderhandel word. die totale aangeleentheid rakende die Tanjil saad met die LNR-IGG gedurende Januarie/Februarie 2003 bespreek word; die Tanjil-saad wat nie gebruik word nie aan Agricol aangebied word en die prys daarvan onderhandel word. Mnr van Wyk meld dat dit baie droog is in die Limpopo Provinsie. Hy meld verder dat te Weipe 'n proef onder besproeiing geplant is. Rywydtes, verskillende cultivars en plantdatums is ter sprake. Weipe is in die Limpopo vallei geleë. Veral katoen word aldaar verbou, maar produsente is op soek na 'n wisselbou gewas en stel veral belang in sojabone. Daar is ook cultivar- en strookproewe in die Naboomspruit gebied geplant. 'n Inligtingsdag gaan by Palala gereël word. Uitbreidingspotensiaal Die aangeleentheid is afgehandel onder item 7.7.2.1. Canola Mnr Van Wyk meld dat daar net in die Groblersdal gebied canola geplant is. Produsente het hoofsaaklik mielies geplant. Mnr Van Wyk word versoek om saam met MGK te werk om canola in hul gebied te bevorder. Die Voorsitter versoek dr Nel om tydens die volgende vergadering terugvoering te gee rakende canola aanplantings in die Limpopo Provinsie. Besluit dat dr Nel tydens die volgende vergadering terugvoering gee rakende canola aanplantings in die Limpopo Provinsie. Dr Nel Die aangeleentheid is afgehandel onder item 7.7.3.1. MGK gebied Springbokvlakte Oos-Kaap en ander Lupiene Gamtoosvallei Mnr Grimbeek berig dat lupiene wel geplant is, alhoewel dit baie laat was en baie yl geplant is. Alexandria Uitbreidingspotensiaal en aksie Mnr Grimbeek meld dat daar baie mooi aanplantings van sojabone in die Gamtoosvallei is. Daar is sowat 60 ha deur vyf (5) produsente aangeplant. Die laaste aanplanting van ± 2ha moet nog gedoen word. Mnr Grimbeek meld verder dat dit baie gereën het in die gebied. Onkruid is ook onder beheer. Humansdorp koöperasie en Tiger Oats/Meadow rakende bystand met sojabone Die Voorsitter meld dat die aangeleentheid afgehandel is te danke aan die reëlings van dr Griessel. Meadow het aangebied om te help met die hantering en vervoer van die sojabone. Dit sal na Paarl vervoer word vir verwerking. Dr De Kock meld dat die stand van die plante pragtig is, maar toon simptome van 'n tekort. Verskeie redes kan aangevoer word, maar volgens mnr Killian is die grond nie reg voorberei nie. Dr De Kock meld verder dat hy van die plante saamgebring het en by die LNR-IGG ingegee het om blaar ontledings te doen. Die Voorsitter meld verder dat die produsente baie entoesiasties is oor die aanplanting van sojabone in 'n wisselboustelsel met sigorei. Die Voorsitter verwys voorts na die probleme met 'n stroper in die gebied en verneem van mnr Maree of beskikbare koringtafels in 'n werkbare toestand is en sojabone kan stroop. Mnr Maree word versoek om behulpsaam te wees met die beskikbaarstelling van 'n Slattery stroper. Die Voorsitter verneem of daar cultivarproewe in die Visriviervallei geplant is. Die aangeleentheid staan oor, aangesien niemand bewus is of cultivarproewe geplant is nie. Die Voorsitter meld dat daar wel proewe aangeplant is in die Alexandria gebied. Dr Griessel meld dat daar ook proewe by Port Alfred aangeplant is. Ten opsigte van Round Up Ready cultivars wil dit voorkom of daar die een of ander tekort is. mnr Maree die nodige reëlings tref vir die beskik-baarstelling van 'n slattery stroper; daar vasgestel word of daar enige cultivarproewe in die Visriviervallei geplant is. Canola Dr De Kock meld dat canola vir kuilvoer in die gebied geplant is. Sommige aanplantings is bewy, daarna gelaat om uit te groei en tans is daar weer peule met pitte. Dr De Kock maak ook melding van die potensiaal van canola in die onderdrukking van aalwurm. Wes-Kaap Lupiene Aanplanting te Graafwater Mnr Agenbag meld dat die aanplanting by Graafwater wel geoes is. Dr Griessel wys daarop dat bitter lupiene nie vir grootvee en varke aangewend kan word nie. Volgens mnr Agenbag word bitter lupiene wel vir skaapvoeding in Namakwaland gebruik teen 15% insluitingspeile. Dr Griessel is van mening dat bitter lupiene ook 'n negatiewe invloed op skape behoort te hê en stel voor dat Dr Brand 'n literatuurstudie hierop doen om die resultate daarvan te bekom. Indien hierdie inligting nie beskikbaar is nie, sou dit wenslik wees om 'n projek te befonds waarin bitter en soet lupiene en 'n kontrole rantsoen ingesluit word in 'n skaap afrondingsprojek. Die resultate van laasgenoemde proef sal dan bepalend wees of by die Raad van die PNS aanbeveel sal word om bitter lupiene vir skaapvoeding te bevorder. Die Voorsitter versoek mnr Agenbag om bogemelde aangeleentheid op die sakelys van die Canola- en Lupienwerkgroep van 5 Desember 2002 te plaas om hulle mening te kry. Dr De Kock verwys na die besoek aan die Swartland waartydens hy verneem het of bitter lupiene met angustifolius vervang kan word. Dr Dreyer noem dat bitter lupiene in die Swartland geplant was as weiding vir skape. Dr Griessel sê dat bitter lupiene as 'n onderhoudsrantsoen gebruik is, maar hy betwyfel die gebruik daarvan in 'n afrondingsrantsoen. Mnr Agenbag wys daarop dat produsente soet lupiene plant en laat afwei wat dit dan 'n eenmalige weiding maak. By bitter lupiene is daar vir bykans drie maande weiding waarna dit geoes word om gedeeltelik vir saad te gebruik en die res vir skape te voer. Die vermindering in aanplanting van lupiene was toe te skryf aan antraknose en tekort aan angustifolius saad. Hierdie aangeleentheid moet ook by die Lupienewerkgroep aan die saadhandelaars oorgedra word om die tekort aan saad op te los. Lupiene het 'n plek in die Wes-Kaap en hulp sal verleen moet word om siektevrye saad beskikbaar te stel. Die aanplantings te Nieuwoudtville van smalblaar en geel lupiene is gereed vir oes. CED6150 het weens die koue nie goed gevaar in hierdie gebied nie en daar is vanjaar Ronel en Alida geplant. Op hierdie stadium blyk dit of Ronel die beste gaan vaar. Alida is wel in peul maar sy groeiseisoen is te lank en mag dalk nie te goed vaar nie. Die aanplanting van CED6150 te Clanwilliam is die vorige week geoes vir saadvermeerdering, maar weens die baie bolwurmskade sal dit nie as saad gebruik kan word nie. Teen einde Oktober is die besproeiing onttrek om elders aan te wend wat veroorsaak het dat die lupienpitte nie voldoende gevul het nie. Hierdie opbrengs gaan nou vir veevoer aangewend word deur die produsent. Die verwagte opbrengs van CED6150 was bykans 2 ton/ha. Twee aartappel produsente (buurplase) wil ook volgende seisoen lupiene plant onder spilpunt gedurende die winter. Besluit dat die gebruik van bitterlupiene vir veevoer (skape) op die sakelys geplaas word van die Canola- en Lupienwerkgroep Winterreënvalstreek. Mnr Agenbag Canola Mnr Agenbag berig dat dit oënskynlik 'n goeie canola jaar was en dat 35 000ha geplant is. Die gemiddelde opbrengs was egter slegs ± 1,3 ton/ha. Die oorsake vir hierdie lae opbrengs sal by die volgende canolawerkgroep aangespreek word. Steeds meer produsente skakel oor na canola en die 2003 seisoen behoort positiewe groei te toon. Suidwestelike Distrikte Lupiene Terugvoering van Boeredag 23 Oktober 2002 Mnr Grimbeek rapporteer dat die boeredag wel plaasgevind het. Sewe (7) produsente het die dag bygewoon. Agricol het die dag geborg. Mnr Grimbeek meld dat ± 68 ha lupiene aangeplant is. Hy meld verder dat die drie (3) aanplantings van Wonga gedurende die week gestroop word. 'n Opbrengs van 1,3 ton/ha is met die eerste aanplanting verkry. Die Voorsitter wys mnr Grimbeek daarop dat sodanige opbrengs slegs gemiddeld is, waarop mnr Grimbeek meld dat die aanplantings laat gedoen is en by een van die aanplantings Sclerotinia voorgekom het. Mnr Grimbeek meld dat daar baie belangstelling is en daar vir die komende seisoen 150 tot 200ha lupiene aangeplant sal word, afhangende van die beskikbaarheid van saad. Hy bevestig waar daar vroeg geplant kan word CED6150 geplant sal word, waarop die Voorsitter maan oor die moontlikheid van antraknose. Mnr Agenbag meld dat daar breëblaar lupiene geplant sal word indien skoon saad van KZN verkry kan word. Indien die saad nie verkry word nie sal slegs Wonga en Tanjil, wat weerstand teen antraknose het, geplant word. Dr Griessel bevestig die stelling van dr De Kock dat skoon saad van breëblaar lupiene twee keer die opbrengs gee van smalblaar lupiene. Daar word bevestig dat mnr Killian verantwoordelik is vir die verskaffing van skoon saad, maar dat met hom bevestig word hoeveel saad benodig word. mnr Killian verantwoordelik is vir die verskaffing van skoon CED6150 saad; mnr Grimbeek met mnr Killian bevestig hoeveel saad benodig word. Mnr Grimbeek Mnr Grimbeek meld dat van die beplande aanplantings gestop is weens te min vog. 'n Totaal van 105 ha is aangeplant. Vir die nuwe seisoen word aanplantings van ± 210 ha beplan. Op 'n vraag van die Voorsitter na die bou van 'n pers te George, meld mnr Grimbeek dat hy die saak sal opvolg. Die aangeleentheid is afgehandel onder item 7.10.2.2. Sonneblom Mnr Grimbeek berig dat 300-350ha geplant is wat strek vanaf Caledon tot by George. Die Voorsitter verneem of daar 'n afsetpunt vir die sonneblom is, waarop mnr Grimbeek meld dat die sonneblom in Swellendam gelewer word, terwyl Agricol ook sonneblom sal inneem. Canola Mnr Grimbeek berig dat daar by Riversdal 300 ha canola geplant was. Die opbrengs was 2,1 ton/ha. Hy meld verder dat die totale oppervlakte vir die Suidwestelike Distrikte 300 ha beloop. Behoeftes van die mark en produsente Mark Markpryse internasionaal en lokaal Die gemiddelde prys vir sojaboon-oliekoek (47% proteïen) vir Januarie 2003 lewering is R2 288/ton. Februarie 2003 R2 301/ton en Maart 2003 R2 333/ton – gemiddelde prys is R2 342. Die afgeleide waarde vir lupiene is soos volg: L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%) Suiwel (52%)R1 241 R1 218L. albus (Esta) Pluimvee (75%) Suiwel (80%)R1 757 R1 874L. luteus (Juno) Pluimvee (63%) Suiwel (73%)R1 475 R1 710Die relatiewe waarde vir volvet canola is soos volg: Pluimvee (94%) R2 201 Varke (100%) R2 342 Suiwel (58%) R1 358 Produsente Geen. Beskikbaarheid van saad Lupiene Opname van cultivars op Tabel 8 – vordering Mnr Smit bevestig dat die aangeleentheid afgehandel is. Beskikbaarheid van saad vir kommersiële aanplanting in die komende plantseisoen – Ronel, Alida, Esta, Vladimir, Merrit, Typ-Top, Tanjil, CED6150 en E16 Mnr Smit bevestig dat daar genoeg saad van al die gemelde cultivars beskikbaar is en dat die alkaloïedvlakke onder beheer is. Mnr Agenbag meld dat E16 verder vermeerder gaan word en die saad wel skoon is. Merrit Spesifieke aandag deur mnr Agenbag – terugvoering Mnr Agenbag meld dat Merrit saad in Australië gesoek word. Die rede hiervoor is om skoon saad te kry. Daar word ooreengekom dat die aangeleentheid op die sakelys geplaas word vir bespreking met die LNR-IGG gedurende Januarie / Februarie 2003. Gesprek met LNR-IGG – terugvoering Die aangeleentheid staan oor, aangesien daar nog 'n datum bepaal moet word vir die samesprekings. Telersaad – resultate van ander cultivars en E16 – terugvoering Die aangeleentheid is afgehandel onder item 9.1.2. Saadvermeerdering van Typ-Top – terugvoering Saadvermeerdering van CED6150 Basissaad Siektes Lupiene Antraknose Teellyne te Roodebloem Vanweë swak versorging van me Fourie se aanplanting deur personeel van Elsenburg kon geen resultate hierdie jaar verkry word nie. Die Voorsitter sal dit opneem met mnr De Villiers. Die aanplanting te Langgewens sal egter geoes kan word. Ander antraknose navorsing Sclerotinia samesprekings, 15 Oktober 2002 – terugvoering Dr De Kock meld dat daar reeds samesprekings was ten opsigte van Sclerotinia. Daar is ooreengekom dat die LNR-IGG sekere navorsingswerk sal doen, maar amptelike voorleggings in die verband word ingewag. Die aangeleentheid sal dan deur die Tegnologiekomitee van die PNS oorweeg word. Kennis word geneem dat kwotasies vir die werk wat gedoen gaan word te Potchefstroom en Amersfoort reeds ingedien is. Dr De Kock verwys ook na werk in die Bergville area op sojabone wat deur mnr Killian in samewerking met dr McLaren gedoen sal word. Middels wat vanaf dr Van Wyk verkry sal word sal by hierdie proef ingesluit word. Navorsing Lupiene Chemiese onkruidbeheer Resultate van navorsing vir Chempack Die Voorsitter verwys die vergadering na die besluite geneem tydens die vergadering gehou 8 Oktober 2002. In terme van die besluit moes mnr Killian die inligting rakende die effektiwiteit van onkruiddoders waaroor hy beskik aan dr Saayman-du Toit beskikbaar te stel. Hy meld verder dat Dr Saayman-du Toit met mnr Ferreira in verbinding sal tree rakende die resultate van sy werk en met inagneming van mnre Killian en Ferreira se inligting die werkgroep van kommentaar te voorsien. Die Voorsitter meld dat die noodregistrasie van Simazine by Lupiene 'n belangrike aangeleentheid is wat by die vergadering van die Lupienwerkgroep Winterreënvalstreek bespreek sal word. Daar word voorts versoek dat mnr Agenbag sal reël dat die kontrakteurs op hoogte gebring word van mnr Ferreira se werk. Kommentaar van dr Saayman-du Toit rakende mnre Killian en Ferreira se inligting – effektiwiteit van onkruiddoders Die aangeleentheid is afgehandel onder item 11.1.1.1 Toetswerk van twee nuwe middels van Dow Chemicals Dr Dreyer berig dat dr Purchase hom meegedeel het dat twee (2) nuwe middels van Dow Chemicals nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Die middels is wel in Amerika geregistreer. Dow Chemicals sal met dr Saayman-du Toit in verbinding tree sodra dit in Suid-Afrika beskikbaar is. Betrokkenheid van Chempak by verdere navorsing ten opsigte van Diuron Geen verdere inligting is beskikbaar nie. Uintjies – Eptam registrasie op breëblaar cultivars – beskikbaarheid Mnr Smit meld dat Eptam nie geregistreer is nie, waarop die Voorsitter meld dat middels wat nie geregistreer is nie, nie gepropageer moet word nie. Dr Dreyer meld dat indien die maatskappy dink daar 'n risiko verbonde is aan die middel, sodanige middel nie geregistreer sal word nie. Daar moet derhalwe uitgevind word of die maatskappy wat Eptam versprei geïntereseerd is om die saak verder te neem. Daar word ooreengekom dat die aangeleentheid oorstaan tot die volgende vergadering vir bespreking daarvan. Dosis van Round Up op uintjies Die aangeleentheid kan as afgehandel beskou word. Alternatiewe gewasse Fababone Die Voorsitter meld dat daar 'n deurbraak gemaak is deur mnr Agenbag met die verkryging van 'n verskeidenheid lyne en Fababoon cultivars. Die eerste proef sal volgende jaar geplant word. Kennis word geneem dat die PNS in beginsel besluit het om mnr Agenbag al die steun te gee wat hy nodig het in die verband. Salicornia Geen inligting is beskikbaar nie. Ander gewasse Ander sake Inligtingsdae 2003 Staan oor. Toevoegings Geen. Datum van volgende vergadering Die vergaderings van die werkgroep is geskeduleer vir 29 Januarie 2003, 8 April 2003, 18 Junie 2003, 31 Julie 2003, 8 Oktober 2003 en 1 Desember 2003. Afsluiting Die Voorsitter bedank almal vir hul teenwoordigheid en insette. Hy wens almal 'n Geseënde Kersfees toe. Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie, verdaag die Voorsitter die vergadering om 15:15.
[]
https://xplorio.com/hermanus/overstrand-municipality/en/blog/95773/vreugde-met-oorhandiging-van-huise/
Overstrand-munisipaliteit het te midde groot vreugde Vrydagoggend, 26 Augustus 2022, die eerste van 150 huise in fase 1 van die Blompark-behuisingsprojek aan begunstigdes oorhandig. Die tweede fase sal wees vir die konstruksie van 100 huise. Bouwerk het reeds begin en sal na verwagting teen June 2023 voltooi wees. Die oorblywende eenhede en gedienste erwe sal oorstaan tot die volgende finansiële jaar en soos befondsing beskikbaar gestel word. Emily Fourie was die eerste van die begunstigdes om saam met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning, die rooi lint voor haar nuwe huis se voordeur te knip. “Vandag kan ek net die Here dank vir my droom wat waar geword het. Ek is 76 jaar oud en het nog altyd by ander mense gebly. Die Hemelse Vader is baie goed vir my,” het Emily met trane in haar oë gesê Een van die ander huiseienaars, die 70-jarige Oom Thinus (Marthinus) Engel, het gesê hy is sedert 2007 op die behuisingswaglys. Oom Thinus het vir bykans 40 jaar by Gansbaai Marine gewerk en het by sy jeugvriend, Samuel Titus, gebly. “Ek is bly dat heirdie voorreg my nie ontneem is nie. Dit is ‘n groot mylpaal vir ons gemeenskap,” het hy gesê. Ten tyde van haar verwelkomingstoespraak het ‘n jubelende Riana de Coning, wyksraadslid vir Blompark, gesê sy en die gemeenskap van Blompark en Beverley Hills droom al sedert 2017 van hierdie dag. “Dit was ‘n lang en moeilike pad tot vandag, maar hier is ons uitendelik en ons is dankbaar. Julle geduld en samewerking is die rede dat julle vandag met ‘n glimlag in jul nuwe huise kan instap. Woon lekker en maak hierdie huise ‘n woning van liefde.” Behuising en huiseienaarskap lê die grondslag vir ‘n sterk en vooruitstrewende gemeenskap en die waarde wat dit toevoeg om plaaslike ekonomie te stimuleleer en ontwikkeling aan die hand te werk, moet nie onderskat word nie. In sy hoofrede het Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, die ontvangers van die titelaktes aangemoedig om verantwoordelike huiseienaars te wees wat behoorlik na hul eiendom omsien - dit sluit die versorging van jou huis, jou tuin, jou straat en jou woonbuurt in. “Voeg waarde toe, moenie mors met die geleentheid wat vir jou gegee is nie. Geniet jou slaapplek; jy kan vir jou families ‘n nalatenskap los. Dit is ‘n bate wat nou aan jou en jou familie behoort,” het die raadslid gesê. Hy het begunstigdes daaraan herinner dat hulle ‘n testament moet opstel en nie hul huise mag verhuur of verkoop of as ‘n spazawinkel gebruik nie. Ter afsluiting het Raadslid Nutt vir Aron Gcotyelwa en sy span by die departement van behuising asook Abigail Jacobs en Dennis Hendriks en hul span by Infrastruktuur en Beplanning bedank vir hul harde werk en logistieke reëlings voor en tydens die oorhandiging. Die 76-jarige Emily Fourie was een van die begunstigdes wat die titelakte van haar huis in Blompark ontvant het tydens ‘n seremonie wat op Vrydag, 26 Augustus 2022 in Gansbaai gehou is. Hier is sy saam met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste. Wykskomiteelid, Diane Galant, deel in die vreugde van Emily Fourie by ontvangs van die titelakte vir haar huis. By hulle staan Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning. Halleluja, vandag het aangebreek dat ons kan intrek. Só sê Mina van Rooy, een van die begustigdes wat die titelaktes vir hul huise in Blompark ontvang het. By haar staan Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning. Op Vrydag, 26 Augustus 2022, was ‘n duidelike ingenome Mina van Rooy een van die begustigdes wat die titelaktes vir hul huise in Blompark ontvang het. Sy het hierdie spesiale oomblik gedeel met haar dogters Katie Kondokter (links van haar) en Sarah Plaatjies (regs van haar) asook Raadslede Ronald Nutt, Steven Fourie en Riana de Coning, behuisingsbeplanning en projekbestuurder Abigail Jacobs en areabestuurder Kat Myburgh. Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning het Vrydag 26 Augustus huise aan begunstigdes oorhandig, wat die 70-jarige Thinus Engel ingesluit het, oorhandig. Nuwe huiseienaar, Thinus Engel (middel) saam met jare lange vriend Samuel Titus en peetkind Darren Titus. Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning het Vrydag 26 Augustus hul huis se sleutel aan Willem en Gloria Compion oorhandig. Hulle gaan eers ‘n heining vir hul honde, Scruffy en Bullet, aanbou voor die groot trek begin. Willem en Gloria Compion was van die begunstigdes wat die titelakte vir hul huis in Blompark ontvang het tydens ‘n seremonie wat op Vrydag 26 Augutus gehou is. Hier is hulle saam met Nico Naudé (voorsitter van die social compact), Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, Wyk 11 se raadslid Steven Fourie, areabestuurder van Gansbaai, Francois Myburgh, Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning en Carlo Pieters, die gemeenskapskoordineerder (Community Liasion Officer). Daar was Vrydag groot vreugde toe splinternuwe huise aan inwoners van Blompark in Gansbaai oorhandig is. Hier skud Maria Coetzee blad met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste voor haar deur. Vrydag, 26 Augustus was daar groot opgewondenheid in Blompark toe Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, nuwe huse aan hul eienaars oorhandig het. Hier staan gemeenskapskoördineerder Carlo Pieters (links) Raadslid Nutt, Vernon Coetzee en sy dogter Maria Coetzee (nuwe huiseienaar), Wyk 14 se raadslid Riana de Coning en wykskomiteelid Diane Glant. Voor hurk wykskomiteelede Ivan Cornelius en Juan Lewis (regs). In the background, though, a top performer - Overstrand Municipality - labours relentlessly to ensure this treasure trove’s clockwork ticks over smoothly. Providing municipal services to an area exceeding 1708 km2 with a population well in excess of the estimated 74500 souls is no easy feat, as th...
[]
http://af.szhexstar.com/news/hengxing-participated-in-the-53rd-china-international-beauty-expo/
Die tentoonstelling is die grootste skoonheidsuitstalling in China, 'n versameling masjinerie, verpakkingsmateriaal, persoonlike versorgingsprodukte, professionele skoonheidsprodukte, grimering, gesondheidsorg, ensovoorts. Die Hengxing-masjinerie is noukeurig voorberei, met 'n uitstekende vlak van tegnologie, hoë werkverrigting; die reeks ultrasoniese buis verseëlingstoerusting word weer 'n belangrike hoogtepunt in die uitstalling. Vernuftige ontwerp en pragtige verseëlingsresultate van die verskillende materiale het baie plaaslike en buitelandse sakemanne gelok wat bymekaargekom het om te kyk en te konsulteer om te bespreek. Baie kopers het die tegniese probleme in die verwerking van die toneel, na hengxing 10 jaar ervaring ingenieurs tegniese leiding en proses optimalisering, 'n aantal groot kliënte tevredenheid, die webwerf bereik aankope voorneme. Dit is 'n oestoer. Die uitstalling het alle uitstallingstoerusting van hengxing-masjinerie verkoop. Ons Vietnam-kliënte bestel byvoorbeeld 'n ultrasoniese buisvulselmasjien in die tentoonstelling, en ons het ook baie advies van eindgebruikers en handelaars van onskatbare waarde teruggebring. Henxging Masjinerie toerusting in die ultrasoniese buis verseëling masjinerie industrie het 'n langtermyn-ontwikkeling en sukses in die afgelope jaar; daar is 'n sekere handelsmerk-erfenis, die ontwikkeling van klank. Met 'n goeie vermoë om vaardighede te bemark, het ons selfs op die gebied van ultrasoniese verseëlingstoerusting 'n deurslaggewende posisie. maar ons weet ook dat 'n lang pad moet gaan. Ons sal ook voortgaan om die bestuurstelsel te verbeter, om die Hengxing-masjienhandelsmerkproses te versnel, 'n rasionele vraag na die markvraag, wat meer kwaliteit masjien en diens aan klante en vriende lewer. Plaas tyd: Aug-10-2020
[]
https://iono.fm/e/1402982
Shandor en Pieter Moller sal die komende sondag aan die 25ste Two Oceans deel neem om fondse in te samel vir Mosaic SA, 'n liefdadigheids organisasie wat na kinders se fisiese en emosionele welstand omsien. Maak gereed vir een van die grootste dae in die Vaal vanjaar – Rocking the Vaal: 'n Afrikaanse viering van kos, musiek en gemeenskap! Sluit aan by Emerald Resort in Vanderbijlpark op 16 Maart 2024 vir 'n ongelooflike dag gevul met sterre en welwillendheid! Good Morning Breakfast het met hom… iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2008-proteienbronne
Navorsingsverslag 2008/2009 6. Proteïenbronne 6.1 Algemeen Die PNS se aksies draai om proteïen vir diereverbruik asook die beter benutting van proteïen soos reeds hierbo uitgespel. In die verlede is 'n groot verskeidenheid proteïenbronne nagevors, maar volgens beleid van die PNS word tans slegs gekonsentreer op daardie proteïenbronne wat die potensiaal besit om plaaslik kwantitatief groot vordering te maak. Gevolglik is die proteïenbronne wat tans befonds word slegs beperk tot sojabone en canola. Hoewel vismeel en sonneblom steeds baie belangrik is vir die PNS is geen navorsingsfondse die afgelope aantal jare vir die bronne bewillig nie, hoofsaaklik omdat dit nie voldoen aan die uitbreidingsmoontlikhede soos hierbo aangestip nie. Die generiese bemarkingsveldtog wat reeds goedgekeur is ten opsigte van sojabone waarna hierbo verwys is behoort 'n besondere bydra te maak tot uitvoering van die visie en missie van die PNS. Meer resultate sal waarskynlik in 2009/2010 gesien word terwyl canola in 2010/2011 sal volg. 6.2 Sojabone Daar heers groot optimisme by die PNS dat sojabone op die vooraand staan van sterk groei. Dit word bevestig deurdat sojapryse die hele jaar baie sterk vertoon het en inderdaad 'n volwaardige mededinger vir mielies geword het. Die internasionale bewyse van die voordele van 'n wisselboustelsel van mielies en sojabone in 'n stelsel van minimumbewerking het die Raad van die PNS laat besluit om 'n massiewe generiese bemarkingsveldtog van soja te ondersoek en so spoedig doenlik te implementeer soos reeds gemeld in paragraaf 3. Sojaboonpryse het vir groot dele van die jaar gereeld heelwat bo R4 000 per ton op Safex verhandel en die gaping met mieliepryse voortdurend vergroot. Teenoor 2006/07 het die hektare marginaal verminder van 183 000 na 174 000 vir 2007/08 (aansienlik minder as die rekord van 243 000 hektaar in 2005/06, maar die verwagte opbrengs het gestyg van 205 000 ton tot 328 000 ton). Hierteenoor staan die skatting vir 2008/09 op 224 000 hektaar en 405 000 ton, die tweede beste syfers ooit. Daar is reeds hierbo melding gemaak van sekere beleidsaanpassings om die PNS in staat te stel om onder andere sojabone daadwerklik te bevorder. Skakeling met veral Brasilië en Argentinië lyk baie belowend en daar sal in 'n volgende verslag vordering hieromtrent gerapporteer word. Die belangrikste aksie naas die regte cultivars bly egter tegnologie-oordrag. Die samewerking met Graan Suid-Afrika om artikels in hul tydskrif SA Graan te publiseer werk goed, en die PNS wil graag erkenning aan GSA gee. Groot waardering word telkens deur produsente uitgespreek vir inligting wat so versprei word. Daar is beplan om weer 'n sojadinkskrum te reël gedurende 2008/09 maar dit moes weens logistiese redes uitgestel word na 2009/10. Die super-sojakompetisie gaan nog steeds voort en is negentien jaar later steeds 'n sukses (Super-sojakompetisie). Samewerking met die "No-till Club" van KwaZulu Natal is deur mnr Johann du Plessis bewerkstellig en beloof verdere groot voordele vir die suksesvolle verbouing van sojabone in te hou. Meerdere- en mindere probleme is ook hierdie jaar ervaar. Saadmaatskappye het die bedryf gedreig met die weerhouding van nuwe cultivars indien produsente voortgaan met die praktyk om eie graan terug te hou vir saad. Heelwat aandag is hieraan gegee tydens PNS Sojawerkgroepvergaderings en Graan Suid-Afrika (GSA) gee tans aandag hieraan. Etlike Sojawerkgroepvergaderings is weer die afgelope jaar gehou met groot sukses. Dieselfde geld vir die jaarlikse PNS Sojaroeswerkgroep- en ook die PNS Sclerotiniawerkgroepvergaderings. Die PNS wil graag erkenning gee aan die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) vir hul hulp met vraelyste om die voorkoms van sclerotinia vas te stel. Hierbenewens gee die PNS graag erkenning aan al die medewerkers wat hierdie vergaderings die sukses maak wat hulle is. Projekte in hierdie verband het hierbo reeds aandag gekry. In dieselfde verband is daar ook besluit om die Sojaboonroespamflet te hersien en op te dateer en die PNS bedank Dr Pat Caldwell onder wie se toesig dit geskied het. Dit is steeds in pamfletvorm en ook op die PNS webblad beskikbaar. 6.3 Canola Die PNS glo dat daar steeds 'n toekoms vir canola in Suid-Afrika is veral in die lig van die geweldige groei van canola in die res van die wêreld waar reeds meer as 50 miljoen ton geproduseer word. Dit bly 'n oliesaad wat hoog in aanvraag is en ook 'n goeie wisselbougewas met veral koring in die Wes-Kaap. Opbrengste is egter nog nie na wense nie en slegs 'n klein hupstoot is nodig om die winsmarge van canola kompeterend te maak met die winsmarge van koring. Soos vroëer in hierdie verslag gesien is daar steeds heelwat canolanavorsing wat befonds word en baie aandag en fondse word steeds aan tegnologieoordrag gewy en het die PNS reeds besluit om van aanstaande jaar af heelwat meer aandag te gee aan die bevordering van canola. Een van die projekte wat spesifiek hiervoor aangewend word is die sogenaamde Canolakompetisie wat in paragraaf 5.16 (a) en (b) hierbo uiteengesit is. 'n Hoogtepunt vir die plaaslike canolabedryf was egter die publikasie "Canola Verbouingsriglyne" saamgestel deur Prof. André Agenbag na aanleiding van 'n THRIP-projek. Hierdie publikasie is 'n waardevolle toevoeging tot die sogenaamde Canola Handleiding wat reeds voorheen deur Dr Jos de Kock, Raadslid van die PNS gepubliseer is. Beide dokumente is op die PNS webblad beskikbaar terwyl die "Canola Verbouingsriglyne" by die PNS as harde kopie en ook op CD beskikbaar is. Die CanolaFokus wat reeds etlike jare deur die PNS geborg word bly steeds 'n belangrike hulpmiddel om die nuutste inligting aan produsente oor te dra. Die PNS gee graag erkenning aan mnre P Lombard, J Bruwer en Dr N Kotze wat die redaksie vorm van die CanolaFokus, asook alle medewerkers vir gereelde bydraes wat die bladskrif suksesvol maak. Daar is ook hierdie jaar verneem, na 'n lang vertraging, dat die konsepregulasies met betrekking tot die gradering, verpakking en merk van canola bestem vir verkope in Suid-Afrika, volgens die Wet op Landbouproduksiestandaarde, Wet 119 van 1990, deur die Departement van Landbou aanvaar is. Afgesien van etlike kleiner inligtingsdae word steeds jaarliks van die Skog- en Riversdaldae gebruikgemaak om canola beter bekend te stel aan groot groepe produsente. Die PNS is een van die prinsipale van Skog en befonds gedeeltelik die projek van Dr Hardy (sien 5.19 hierbo) wat op Riversdal aangeplant word by Mnr Fanie Joubert. Daar is reeds hierbo melding gemaak van 'n studietoer na Australië om nouer skakeling te bewerkstellig met die canola-bedryf- en kundiges aldaar. Hierdie sending het onder leiding van Dr Jos de Kock, Trustee van die PNS, gestaan en is ook meegemaak mnre J Bruwer en P Lombard volgens 'n nuwe beleidsbesluit van die PNS waarna daar ook reeds hierbo verwys is. Vordering na aanleiding van hierdie besoek sal in volgende navorsingsverslae gemeld word. In 'n poging om knelpunte wat die vooruitgang van die canolabedryf belemmer, te identifiseer, het die Raad 'n projek getitel "Canola Adoption Decisions in the Overberg" goedgekeur. Ongelukkig het die projek nie gematerialiseer nie en sal by hernuwing aandag kry in 2009/10. Al bogenoemde aksies is daarop gemik om die oënskynlike stagnering van die bedryf te verbreek en jaarliks noemenswaardige vordering te sien. Na goeie vordering aanvanklik het hektare onder canola die afgelope tyd soos volg daaruit gesien: 2006 : 32 000 2007 : 33 200 en 2008 : 34 000 6.4 Lupiene In die Navorsingsverslag van 2007/08 is gemeld dat geen verdere navorsingsfondse aan lupiene beskikbaar gestel sal word na 31 Desember 2008 nie, en is die nodige agtergrond geskets waarom hierdie besluit geneem is. Die afgelope seisoen het inderdaad slegs 13 300 ton op 14 000 ha gelewer wat nogmaals die besluit geregverdig het. Die PNS het egter besluit om die lupien aangeleentheid tot sy logiese einde deur te voer. Saad van belowende cultivars en lyne in besit van die PNS sal aan belangstellendes beskikbaar gestel word tesame met die resultate van die afgelope twee jaar se cultivarproewe. In 'n poging om voldoende saad aan sodanige instansies beskikbaar te stel, sal die proses eers gedurende die finansiële jaar 2009/10 volledig afgehandel kan word. Daar is intussen ook met LNR-IGG ooreengekom dat die kiemplasma in hul besit aan die Nasionale kiemplasmabank oorgedra sal word vir veilige bewaring.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/jare-gelede-se-lekker-dadelbrood/
JARE GELEDE SE LEKKER DADELBROOD Goeie middag vriende, ek wil net graag hierdie dadelbrood resep met julle deel. Die boekie wat ek die resep van gedoen het, is seker meer as 50 jaar oud. Dit was die dae toe kerke en skole die boekies verkoop het vir fondse. Mens kry nie meer dadelbrood in die winkels en as jy dit wel kry, is dit peperduur. 375 g (¾ lb) dadels - 120 g (¼ lb) margarien - 1 teelepel bakpoeier - 1 eier, goed geklits - 2 koppie koekmeel - ½ koppie okkerneute, opsioneel - 1 teelepel koeksoda - 1 koppie kookwater - ¾ koppie suiker - ½ teelepel sout - 1 teelepel vanilla geursel - Verwyder die pitte van die dadels en sny in stukkies. Voeg die margarien en koeksoda by die dadels en giet die kookwater daaroor. Roer en laat afkoel. Voeg die suiker, eier, sout en geursel daarby en meng goed. Sif die meel en bakpoeier saam, voeg dit by die mengsel en meng goed deur. Laastens voeg die neute by, as jy dit gaan in sit. Skep die deeg in ‘n gesmeerde pannetjie. Bak vir 1 uur in matige oond teen 180°C. Resep en foto: Yvonne Little
[]
https://fillet.jp/af/features/ordering
Bestellings Stuur bestellings aan verskaffers Stuur bestellings aan verskeie verskaffers op dieselfde tyd. Stuur bestellings aan jou verskaffers om bestanddele te koop. Jy kan verskeie bestellings tegelyk aan verskeie verskaffers stuur. Kry kennisgewings wanneer verskaffers jou bestellings bevestig. Bestellings bevestig deur jou verskaffers. Wanneer jy bestellings aan jou verskaffers stuur, kan hulle jou bestellingstatus aanlyn bevestig, Jy kan die status van jou huidige bestellings sien. Bestellings - Bevestiging e-pos Wanneer 'n Bestelling suksesvol gestuur word, ontvang jy en jou verskaffers 'n e-poskopie van jou Bestellingsbevestiging. Versendingsligging Gebruik gestoorde afleweringsliggings en verskafferbesonderhede (Purveyor-profiel) om meer bestellings vinniger te stuur. Versendingsliggings is liggings waar jou bestellings afgelewer kan word. Verkoper profiel Voer verskaffer se inligting in of wysig: Voer Notas oor hierdie verskaffer in, soos afleweringskedule, minimum bestelling, en meer. Vir elke verskaffer kan jy 'n bestaande afleweringsligging kies of 'n nuwe afleweringsligging skep.
[]
https://www.thegremlin.co.za/2012/10/23/krokodille-in-klein-brakrivier/
Hierdie krokodil is deur die SJB ongeveer 13km van ‘n vakansieoord in Klein-Brakrivier gesien. Foto: Neels Meyer MOSSELBAAI NUUS – Minstens ses Nylkrokodille is die afgelope drie maande deur die Suid-Kaap Jagters-en Bewaringsvereniging (SJB) in die bo-lope van die Klein-Brakrivier gesien. Een van die krokodille was glo bykans 2.5m lank. Die vermoede bestaan dat die krokodille hulself al ‘n geruime tyd in die Palmiet-, Haalkraal- en Koumarivier gevestig het. Dié riviere mond uit in die Klein-Brakrivier. Daar word beweer die krokodille is afkomstig van ‘n naby geleë plaas wat eens ‘n krokodilplaas was en tydens vloede oorspoel het. Hoewel inwoners al geluide van moontlike krokodille in die rivier gehoor het, is dit bevestig toe ‘n werknemer van Eskom onlangs op een van die krokodille afgekom het en ‘n selfoonfoto aan SJB gestuur het. “Ek wou dit eers nie glo nie. Ons het gaan kyk en kry toe wraggies ‘n krokodil in ‘n sykloof ongeveer 13km van ‘n vakansieoord in Klein-Brakrivier,” sê mnr Neels Meyer, voorsitter van die SJB. “Dit is belangrik om te bepaal hoeveel krokodille in die sisteem teenwoordig is, terwyl daar ter selfde tyd aandag gegee word aan metodes om die krokodille te verwyder, sê die bewaringsdienste bestuurder van Cape Nature Tuinroete, mnr Barend le Roux. Gedurende Junie 2011 is die aanwesigheid van krokodille in die Brandwagomgewing aan Cape Nature gerapporteer. Na ‘n ondersoek kon die aanwesigheid van krokodille egter nie bevestig word nie. Volgens Le Roux is daar in Augustus 2012 ‘n krokodil in die Meulrivier gesien en met ‘n vanghok probeer vang. “Dit was egter onsuksesvol en ‘n permit vir die skiet van die krokodille is aan drie oewer eienaars uitgereik.” Hy vra inwoners om nie paniekerig te raak nie, maar bewus van die krokodille in die rivier te wees. Die Crocodylus niloticus is ‘n beskermde dier en mag nie sonder ‘n permit geskiet word nie. “Hoewel dit ‘n beskermde spesie is, word dit nie as inheems tot die area geklassifiseer nie,” sê Meyer. Volgens hom is daar skaars en bedreigde inheemse visspesies in die rivier, wat deur hierdie reptiele bedreig word. Intussen het Dr Michele Gratz van die Mosselbaai Munisipaliteit ‘n waarskuwingspamflet aan plaaseienaars in die omgewing uitgereik, waarin die publiek gemaan word om uiters versigtig in die omgewing van riviere en damme te wees. Die SJB is ook genader om die probleem te help aanspreek en het reeds verskeie dele van die riviere gefynkam. Meyer sê inwoners moet nie plase betree in ‘n soektog na die diere nie. “Die Nylkrokkodil is ‘n opportunistiese voorlêjagter wat nie net prooi vang wanneer dit honger is nie, maar instinktief reageer wanneer beweging naby is en uiters gevaarlik en aggresief is.” Boere, plaaswerkers en veral kinders wat in die rivier swem moet versigtig wees, sê Meyer. Volgens Le Roux sal krokodille hier kan oorleef oor die beskikbaarheid van kos in die riviersisteme, asook die gematigde temperatuur. Indien jy ‘n krokodil gewaar, kan jy Cape Nature kontak by 044 802 5300, die Mosselbaai Munisipaliteit by 044 606 5210 of die SJB by 044 695 2319.
[]
https://jgf.org.za/stadige-verandering-eensklaps-verstaan-andries-bezuidenhout/
Elders in die land brand mense fabrieke en winkelsentrums af, dra yskaste, bioskoopgrootte-televisieskerms en blikkieskos weg. Maar op ’n stil wintersoggend in Somerset-Oos voel dit soms asof die tyd stilstaan, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT. HIER in dié Oos-Kaapse dorpie is daar geen teken van onluste of brande nie. Ek en vyf ander skrywers woon vir ’n maand in die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-huis om aan gedigte, kortverhale of romans te werk. Die huis waarin ons tydelik woon, staan al amper twee eeue lank hier. Dis vreemd om so aan hierdie vertrekke te dink, dat mense al vir só lank hier op en af beweeg, op hierdie einste vloerplanke rondloop. Ek wonder oor vorige inwoners en oor al die skrywers wat al hier was. ’n Hele paar romans en digbundels is al hier geskryf en die digter Ryan Pedro se debuutbundel is juis pas weer met nóg ’n literêre prys bekroon. Verlede week is dié van ons wat kwalifiseer na die gemeenskapsaal toe om teen Covid-19 ingeënt te word. Soos elders in die land het als seepglad geloop. Vinnig, vriendelik, professioneel, soos dit veronderstel is om te moet werk. In die dag sit ons in ons kamers en skryf. In die aand gesels ons tydens aandete oor praktiese probleme rondom skryfwerk. Soms praat ons sommer net, want skrywers hou van stories vertel. Of so beweer ons. Dit voel vreemd om hier in ons kokon te sit en skryf. So afgesny van als wat in die land en die wêreld gebeur. Maar dis mos die punt van só ’n geleentheid – om vir ’n tyd lank die rem te trap, stadiger te stap, mooi te kyk, na te dink. Vanoggend stap ek juis deur die ou deel van die dorp en wonder oor wat ek met die digbundel waaraan ek werk moet aanvang. Ek het die manuskrip reeds uitgedruk en sit nou en karring daaraan – krap uit, trek dood, haal deur, skryf soms met ’n potlood by. Digkuns: pretensieus, irrelevant en eerlik Digkuns is waarskynlik die mees pretensieuse van al die letterkundige genres. Dit het ook ’n piepklein en uiters kieskeurige lesersgehoor. Wat in die digkuns aangaan, het waarskynlik absoluut geen relevansie vir enigiemand buite die dampkring nie. Dis soos ’n tydvak buite tyd, ’n plek wat los staan van die ruimte daar buite. Dis dalk hoekom ek so daarvan hou – ten spyte van die pretensie en irrelevansie, is dit dalk júis eerlik. The stakes are so low, the process so slow. My digbundel is op ’n moeilike plek. Dis min of meer klaar, dink ek, maar nou begin die twyfel. Soms help dit om die bladsye eenkant te laat lê en ’n ent te gaan stap. So half ingedagte groet ek ’n ou man wat blare in sy tuin se oprit wegvee. “Molo Tata,” sê ek van agter my masker en sonbril. Vandat ek in Alice woon, het ek geleer om mense op straat te groet, maar dit voel steeds vreemd om dit so van agter ’n masker te doen. Die man groet vriendelik terug. Hy dra nie ’n masker nie, hy is immers in sy eie tuin. Hy merk in Engels op dat mense in stede sekere beginsels afgeleer het, dis hoekom hulle daar so siek word. Hulle woon te naby aan mekaar. Hy leun op sy besemsteel en beduie in die Boschberg se rigting. Hier haal die bome nog vir ons asem, sê hy. Ek hou op stap, stel myself voor. “Ah, the Bezuidenhouts, the Prinsloos,” sê hy toe hy my naam hoor, “do you know their history?” “Indeed, I do,” sê ek. Ons gesels oor die houtbalk in die plaaslike museum waaraan vyf van die terdoodveroordeelde Slagtersnek-rebelle destyds opgehang is. Ek noem dat ek van Alice af kom en vertel van die skryfresidensie. Hy’t vir Jakes Gerwel geken, sê die ou man met die besem. Hy’t in die vroeg-80’s aan die Universiteit van Fort Hare studeer, Engelse letterkunde, en hy skryf steeds gedigte. Ek vra hom daaroor uit en hy gaan haal ’n paar van die gedigte. Dis uitgedruk, met potloodhale soos hy besig is om daaraan te redigeer. Donker gedigte, oor die naderende dood, oor God en Godverlatenheid. Staan die tyd vir hom ook stil? Of voel hy nou, aan die einde van sy lewe, dat dit te vinnig verbygaan? Khoe en San, Prinsloo en Pringle Somerset-Oos is een van die Oos-Kaap se oudste dorpe, met van die mooiste en bes bewaarde historiese argitektuur. Die eerste bewoners van die area was natuurlik die Khoe en die San, maar in die laat-1700’s het koloniale trekboere in die area inbeweeg. In 1771 het Willem Prinsloo ’n plaas aan die voet van die Boschberg gevestig. Prinsloo het later verder die binneland in getrek. Hy sou Frederik Bezuidenhout se buurman word, die einste Bezuidenhout wat in 1815 deur die pandoers doodgeskiet is toe hy geweier het om in die landdroshof op Graaff-Reinet te verskyn. Die Bezuidenhouts is uiteindelik uit die distrik verban en die verlate plaas is aan Thomas Pringle toegeken. Prinsloo het die Pringles help vestig op hul nuwe plaas. Ons lyn Oos-Kaapse Bezuidenhouts is afstammelinge van Frederik Bezuidenhout se broer. Prinsloo se ou plaas aan die voet van die Boschberg is eindelik deur die Britse koloniale regering as moontlike landbougrond geïdentifiseer. Die regeringsplaas, aanvanklik as Somerset Farm bekend, is omstreeks 1817 gestig. Dit het ’n belangrike bron van tabak, perde en voedsel op die destydse Oosgrens geword – al drie belangrike bestanddele vir oorlog. Die gebied het standhoudende waterbronne gehad en die asemrowende Boschberg het ’n sekere mate van beskutting teen die somerson verleen. Waar die dorp later sou ontstaan, is Outeniekwa-geelhoutbome (Afrocarpus falcatus) afgekap vir die boubedryf, nieshout (Pteroxylon obliquum) vir landbougebruik, asook ander houtsoorte vir brandhout. Die regeringsplaas is in 1825 in ’n setel vir ’n landdros omskep en die dorp Somerset is gestig. Sowat dertig jaar later is die “Oos” by die naam gevoeg om dit van Somerset-Wes te onderskei. Die huis van die Gerwels Paulet-huis, waar ons tans tuisgaan, is waarskynlik iewers tussen 1825 en 1827 gebou deur ’n plaaslike slagter genaamd Robert Robinson, wat op 27 jarige ouderdom as deel van die eerste groep Britse setlaars in 1820 in Suid-Afrika aangekom het. In 1993 het Jakes Gerwel die huis – toe ’n gastehuis – gekoop en dit vir eers as sodanig bedryf. In 2007 is die huis gerestoureer en het die Gerwels dit as vakansiehuis gebruik. Ná sy dood het sy weduwee, Phoebe, dit aan die Jakes Gerwel Trust geskenk, met die gedagte dat dit as ’n skrywershuis gebruik sou word. Die restourasiewerk is verder gevoer en die huis is ingerig sodat dit tot ses skrywers op ’n slag kan huisves. Daar is drie slaapkamers op die boonste verdieping, ’n slaapkamer op die grondvloer en twee verdere slaapkamers in die kothuis langsaan. Drie gietysterstowe hou die huis in die winter warm. Hier woon tipies skrywers, digters, dramaturge en musikante. Soms is daar werksessies om tekste of musiek te ontwikkel. Soms, soos in ons geval, word ons net die ruimte en ’n bord kos gegun, en aan ons eie brooshede en booshede oorgelaat. Teen die mure hang foto’s en skilderye deur Suid-Afrikaanse kunstenaars – ’n Karootoneel, ’n houtskoolskets met ’n portretstudie van Gerwel wat ons oor aandete dophou. In die dag hoor ek hoe die ander skrywers bo my oor tweehonderdjarige houtplankvloere beweeg. ’n Stoel of lessenaar kraak, ’n kraan laat ’n pyp in ’n muur dreun, ’n vensterraam word toegeskuif as die son agter Boschberg ondergaan. Langsaan is die Walter Battiss-kunsgalery. Battiss het hier grootgeword en sy ouers se ou Victoriaanse-styl-hotel is in ’n galery omskep. Oorkant die pad is ’n pragtige wit kerkgebou uit die 1800’s, helaas nou die eiendom van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK). Net straataf is die Voortrekkers se gebou en wat waarskynlik eens ’n kampterrein was – die gebou is vervalle en die terrein onnet en vol onkruid. Antroposeen se spore Die landskap rondom Somerset-Oos is asemrowend mooi. Vier biome kom hier bymekaar – Amathole-berggrasveld, Suid-Kaapse woudlandskap (Afro temperate forest), Albany ruigtes en Nama-Karoo. Die berg self vorm ’n tipe agtergrond vir die dorp as toneel. Ry jy in Graaff-Reinet se rigting, sien jy die hele Karoo voor jou uitstrek vanaf die pas oor Bruintjieshoogte. Aanvanklike inwoners het baie van Boschberg se inheemse woude uitgekap. Indringerplante het ’n probleem geword, soos die swartwattels, turksvye, garingbome en uitheemse grassoorte wat op die bergpieke begin groei het en deur die wind versprei word. Soos elders in die Karoo het oorbeweiding die landskap omvorm, maar van die boere probeer nou om natuurreservate op hul plase te vestig. Somerset-Oos is nog altyd waterryk, met sterk fonteine en watervalle in die berg. Met Paulet-huis se restourasie is juis ’n put uit die 1700’s op die erf ontdek. Klimaatsverandering bied egter ook hier nuwe uitdagings. Vir die eerste keer in die tydvak van geskrewe geskiedenis is fonteine en riviere aan die opdroog. Die hele landskap is deel van die akwifeer wat van hier tot by Kaapstad strek. Gelukkig word van die plase deur ’n besproeiingskema uit die Gariepdam, al met die Visrivier langs, gevoed. By buurdorpe moes Gift of the Givers egter kom gate boor, tot by Adelaide wat nog nooit vantevore ’n watertekort beleef het nie. Op hierdie dorp wonder ek oor tyd. Geologiese tyd tik die stadigste – klippe en berge is al lank hier en sal nog lank hier wees as ons eers weg is. Ons spore bly egter agter, aldus die Antroposeen as geologiese tydvak. Plantegroei se tyd is effe vinniger, maar wissel na gelang van gewas en seisoen. Die akkerboomlanings hier, die herinnering aan vergane woude in geelhoutbalke en vloerplanke. Vir mense is tyd vinniger, dink ek. Daar is wel tyd vir ’n gesprek met ’n vreemdeling met ’n masker oor ’n gedig aan die einde van jou lewe, terwyl jy blare in jou inrypad opvee. Soms, soos nou, voel dit of tyd stilstaan. Ander kere word ’n mens een oggend wakker en jy besef dat ’n landskap eintlik nogal ingrypend verander het – of dit nou oor twee eeue of twee dekades gebeur het. Maar anders as die verandering self, kom die besef onverwags en eensklaps. DIE WARE LANDSKAP IS EEN VAN ROTS I Ons weet julle kan nie Voël praat nie, sê die voëls, nie enige dialek van Tiptols, Hoogtortel of Hadidees nie. Nee, al is julle in hoë takke hoor julle nie wat ons fluit-fluit nie of ons storie nie, want dis nie ons wat uit is nie. Kyk hoe dans hulle op drum beats. Onbewus van Nonnetjiesuile wat oorhoofs luister. Dis ’n tweeter, dis ’n bass bin wat skel na bo, stamp na onder en ons nie hoor nie selfs al bly julle stil, want ons weet julle kan nie ’n woord Voël verstaan nie. II Ons weet julle kan nie Boom praat nie, sê die bome, nie Hardekools, Maroelees of Wes-Akasia nie. Ons waai julle nader, trek ons skouers op maar julle stel net in skaduwee belang. Hoor hoe sing en snaar hulle. Daai is ’n houtkitaar wat hy sy axe noem. Hy chop en riff, hy saag maar waag nie om te luister na wat ons sê nie selfs al bly hy stil, want ons weet julle kan nie ’n enkele sin Boom verstaan nie. III Ons weet julle kan nie Klip praat nie, sê die klippe, nie Oergneis, Rotsigs of Platskalie nie. Ons voel die bass drum beats in ons riwwe. Julle spring en polka en slaan soms op ons neer maar ons is nie didaktiese klippe nie ons praat nie preke nie, maar wou tog waarsku want ons is die langste al hier en verstaan nou al Voël en Boom. Voëls lewe die kortste en bome effe langer met julle iewers tussenin. Gebruik miskien die tyd om Voël en Boom se woordeskat te leer want spesies gaan soos tale dood en mettertyd is al wat aanhou klop maar net ’n klip en nog ’n klip en nog ’n klip en nog ’n klip. (Oppikoppi, Augustus 2016) Oorspronklik in Vrye Weekblad gepubliseer:
[ [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-1AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-2AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-3AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-4AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-5AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-6AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-8AndriesBezuidenhout.jpg)" ], [ "[]", "http://jgf.org.za/(https://jgf.org.za/wp-content/uploads/2021/08/Foto-7Foto-1AndriesBezuidenhout.jpg)" ] ]
https://moriel.org/teaching/sermons-in-afrikaans/die-vreugde-van-die-torah-simchat-torah.html
Inleiding: Ons gaan kyk na Johannes hoofstuk 8 maar ons begin in hoofstuk 7 om ’n agtergrond te kry. Die Evangelie van Johannes in Hebreeus was deur die eerste Joodse Christene geken as Ha Besora B al’ pei Yonathan,-- die goeie nuus uit die mond (letterlik) met die lippe van Johannes. Johannes en Mattheus, Matitiyahu (Mattheus se Hebreeuse naam) is die twee evangelies wat die mees Hebrais, mees Judaïsties, die mees Joods van die Evangelies is. Hulle was grootliks geskryf vir ’n Joodse leserskring. In Lukas kry ons materiaal wat nie in Mattheus of Johannes gekry word nie omdat die Joodse Christene dinge verstaan het terwyl die Heidene dit eers moes leer. Lukas is die mees Heidens van die Evangelies en Lukas is meer gemoeid om Joodse konsepte vir die Nie-Jode te leer. So, weereens, daar is sekere Joodse en Judaïstiese materiaal in Lukas wat ons nie in Mattheus of in Johannes kry nie, maar Mattheus en Johannes is die twee mees Joods van die Evangelies. Ons moet Johannes se tema verstaan. Aan die einde van die evangelie word gesê dit was geskryf sodat die Jode van die eerste eeu moes glo. Dit beteken nie dit is nie ook vir ons bedoel nie, maar dit beteken ons moet verstaan wat dit vir ons in ons tyd beteken. Johannes se tema is Jesus is God. Dit verwys meer na die Godheid van Christus as in enige van die ander Evangelies. Dit verwys na Jesus se Godheid as die Logos wat Vlees geword het, of wat die Jode of die Grieke as die logos ken en wat die Hebreërs ken as ‘Dvar’ of in Aramees as ‘Mamre’. Wanneer ’n Joodse Christen aan die einde van die eerste eeu die Evangelie van Johannes gelees het dan het hy dit anders gesien as wat die meeste van ons dit vandag sien. Hy sou dit gesien het as ’n verhaal van die nuwe skepping. Hy sou ook die evangelie anders as ons verklaar. Hy sou dit vertolk het as ’n verhaal oor die nuwe skepping. Hy sou dit gesien het as ’n midrasj oor Braeshiek, oor die Boek Genesis, spesifiek oor Johannes 1, 2 en 3 en verder deur die evangelie sou hy gesê het dit is midrasj oor die verhaal van die skepping. Midrasj is die manier waardeur die Jode en die rabbi’s en Jesus en Paulus in die eerste eeu die Skrifte verklaar het. Dit is die midrasj, ’n ondersoek en verklaring deur die Skrifte In Spreuke 8 het ons Jesus in die skepping en ons verbind Genesis en Johannes met Spreuke 8. Dit is Jesus teenoor die Vader. Hy bestaan van ewigheid af. So, hierdie Joodse Christen wat Johannes 1, 2 en 3 aan die einde van die eerste eeu gelees het sal sê: “Dit is ’n midrasj oor die skepping.” Die hele verhaal van die nuwe skepping is ’n literêre parallelisme wat die skeppings verhaal in Genesis verlig. Hierdie eerste eeuse Jood sal sê “God het met die skepping in Genesis op die aarde gewandel.” Die Woord het vlees geword? “En- God het in Johannes 1 met die nuwe skepping op die aarde gewandel,” En hy sou sê, “Met die skepping in Genesis het God lig van die donker geskei.” God het gekom en die lig van die donker- ‘hoshek’ in Hebreeus, ‘phos’ in Grieks in Johannes geskei. God skei die lig van die donker met die skepping en Hy skei die lig van die donker in die nuwe skepping. Hierdie Joodse Christen sal sê: “Met die skepping in Genesis het ons ’n klein liggie en ’n groot lig en nou, in die nuwe skepping in Johannes is daar –Yochanan Ha Matbil en Yeshua Hamashiach, Johannes die Doper, die klein liggie en Jesus die Groot Lig” Hy sal ook sê: “In Genesis het die Gees van God oor die waters beweeg en die skepping voortgebring, - gebore uit water en die Gees.” In Johannes beweeg die Gees oor die water en bring die nuwe skepping voort.” In Johannes op die derde dag het God ’n skeppings wonderwerk met water gedoen en die nuwe skepping voortgebring. En in Genesis op die derde dag het God ’n skeppings wonderwerk met water gedoen. Op die derde dag met die bruilof by Kana in Johannes 2:1 sien ons die water in wyn wonderwerk. God begin Sy eerste plan vir die mens met die huwelik van Adam en Eva maar die mens struikel en verloor wat God vir hom bestem het. Toe Jesus gekom het om dit te herstel het Hy by ’n huwelik met Sy openbare bediening begin. In Judaïsme word die boom van die lewe geken as Atz Hayim soos wat ons sien in Eseg. 47 en Openbaring en Genesis, wat as ’n vyeboom voorgestel word. Die onderwerp van die vyeboom is ’n gekompliseerde onderwerp, maar die vyeboom stel die boom van die lewe voor. So, jy het die boom van die lewe in die tuin. In Joh.1:48, vra Natánael vir Jesus, “Hoe ken U my?” Jesus antwoord, “Voordat Fillipus jou geroep het, toe jy onder ’n vyeboom gesit het, het Ek jou gesien.” Jesus het hom egter onder ’n letterlike vyeboom gesien, maar wat Jesus in werklikheid vir Natánael gesê het, in midrasj, in Joodse metafoor, was “Ek het jou in die Tuin van die begin van die skepping af gesien, van die fondasie van die wêreld af.” Ek is nie ’n Calvinis nie, maar God ken ons van ewigheid af en Hy weet wie gered gaan word. Johannes is die nuwe skepping parallel met die Boek Genesis. Dit is die tema wat deur die hele evangelie vloei net soos wat dit na Christus as God wat mens geword het verwys. In Joh. 7 het ons die agtergrond van die Fees van Tabernakels wat in beeld verwys na die Millennium in Eseg. 47. Die betekenis van die Hebreeuse fees van Tabernakels is die Millennium heerskappy van Christus. Dit is die rede waarom die Jode met Jesus se terugkeer na Hom wat hulle deurboor het (Sag. 12) sal opkyk en wanneer Jesus Sy Millennium Koninkryk gaan oprig, dan begin hulle om die Fees van Tabernakels te vier. (Sag. 14) Die Hebreërs het drie lente feeste- Paasfees, Eerste Vrugte en Pinkster, of die Fees van Weke. Jesus het hierdie feeste met Sy Eerste koms vervul maar met Sy Wederkoms vervul Hy die herfs feeste en die finale een, die Huttefees, Hag Sukkoth, wat ons in Johannes 7 sien. Met Jesus se eerste koms het Hy die lente feeste heeltemal vervul maar die herfs feeste net gedeeltelik. Met Sy tweede koms sal Hy die Herfs feeste totaal vervul. “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus (Yeshua is Sy Naam) gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:37-38) Weereens hier word verwys na die beeldspraak in Eseg. 47. Die Mormone, Latter Day Rain beweging, en die Manifest Sons of God dwaling verdraai hierdie teks buite verband. In ’n video van ’n Pensacola vergadering was die volgende gesê: “Die rivier gaan presies kwart voor 8 deur die muur bars, moenie net daar staan nie julle sal dalk almal weggespoel word.” John Kilpatrick se vrou was daar. Die vroue van Pensacola (Ek noem hulle die hoere van Babilon) het in ’n beswyming gewag vir die rivier wat presies kwart voor agt sou deurbars. Nou, ek is ook Pinkster maar wat hier gebeur het is alles behalwe Bybelse Pinkster, dis absurd- siek. Esegiël verwys na die Millennium, Jesus verwys na hierdie agtergrond toe Hy gesê het- Ek sal vir jou lewende water gee. Maar Hy het gepraat van die “--Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus (Yeshua) nog nie verheerlik was nie. (Joh. 7:39) “Ek sal my Gees op jou kroos giet”- die reën kom van Jes. 44:3 af. Lewende water wat in Hebreeus geken word as Mayim Hayim, word gevorm deur reënwater wat in die water tafel afloop. Dit is ’n beeld van die Heilige Gees. Jesus sê vir die vrou by die fontein Hy sal vir haar lewende water gee. (Joh. 4) ’n Ander karaktertrekke van Johannes se evangelie is: Jesus praat op ’n midrasj vlak. Hy praat oor dinge in een konteks maar die mense verstaan Hom net op ’n natuurlike vlak. Wees baie versigtig met dit. Daar is iets wat geken word as Gnostisisme, dit is wanneer die Bybel vergeestelik word deur mistieke verklarings. Midrasj doen dit nie. Midrasj, Joodse verklaring, hermeneutika gebruik net simbolisme om leerstellings te verlig of te illustreer. Ons baseer nie Bybelse leerstellings op midrasj nie. Om Bybelse leerstellings op simbolisme te baseer is baie gevaarlik! Dit is geestelike misleiding. Maar aan die anderkant om Midrasj te ignoreer of te verwerp is ook ’n groot fout. So, in Jes. 44:3, Joh. 4 en Joh. 7 is lewende water ’n beeld van die Heilige Gees. “Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet. Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa? Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?” (Joh. 7:40-42) Hulle het nie geweet waar Hy gebore is nie, hulle het Hom net aan Sy Galilése aksent geken. Daar was 'n vooroordeel teenoor die Galasiërs gewees; die feit is, dit was later in die Talmoed literatuur ingeskryf dat ’n Galileër nie toegelaat was om die Torah in ’n sinagoge te lees nie omdat hy nie die verskil tussen die Hebreeuse letter aleph en ayne duidelik kon uitspreek nie. Die rabbi’s het nie van die Galasiër aksent gehou nie. “Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom. En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie. Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie? [maar] Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie. En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie? [Nie een van die leiers of Fariseër het in Hom geglo nie.] Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs? Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek! Nikodémus--hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was--sê vir hulle: Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen? Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie. En elkeen het huis toe gegaan.” (Joh. 7:43-53) Ons moet die agtergrond verstaan. Dit was die laaste dag van die fees wat ’n week lank geduur het. Op hierdie laaste dag van die fees was daar ’n uitgewerkte ritueel wat geken was as Simchat Beit Ha Shoyiva, ’n fees van vreugde, dit is wanneer die Leviete na die poel Sholoach gegaan het, normaalweg geken as Silóam, amper dieselfde woord as “apostel”. Die Leviete het in ’n optog die lewende water,- Mayim Hayim opgedra na die Tempel Berg en dit daar op die plaveisel uitgegiet. Dit was met ’n verwysing na hierdie ritueel wat Jesus gesê het, “Ek sal vir jou lewende gee.” Wat Jesus daarmee gesê het was dat Hy die Messiaanse vervulling was van wat die fees beteken. Hy sou die Een wees wat die Heilige Gees sou gee, net soos wat Hy vir die vrou by die fontein gesê het. Nikodemus kom hier in konteks. Weereens, Jesus het hier op ’n geestelike vlak gepraat, terwyl die mense gedink het Hy praat op ’n fisiese vlak. Toe Jesus vir Nikodemus gesê het- “Jy moet weer gebore word. Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?” (Joh. 3) As ’n lid van die Sanhedrin het Nikodemus midrasj geken dus moes hy geweet het Jesus praat van die nuwe geboorte. Die Jode het meervoudige konsepte van die nuwe geboorte gehad ingeslote die bar mizwah, om ’n rabbi te word en om getroud te raak, maar uiteindelik is dit iets wat die Messias gaan doen. Lazarus slaap, Jesus het gepraat van die biologiese dood. Hulle het gedink Jesus bedoel Lazarus is besig om ’n slapie te neem. Jesus het geestelik gepraat en die mense dink fisies. So is dit met lewende water, Jesus praat geestelik en die mense dink fisies, dit is wat in die evangelies gebeur het en dit is een van die redes waarom die Sanhedrin Hom gehaat het. Inplaas daarvan dat hulle in ’n dienskneg verhouding teenoor die mense gestaan het, het hulle- hulle sogenaamde kennis van die Skrifte gebruik om van hulleself heersers te maak. Hulle het hulle kennis gebruik om vir hulleself ’n politiese en ’n finansiële magsbasis te skep. “Die mense ken nie die Torah nie. Hulle is vervloek. Ons ken die Torah. Kennis is, mag”. Dit is basies dieselfde as die Gnostisisme van die heidene wat gesê het: “Ons het die geheime kennis.” Jesus het nie daarvan gehou nie. Gewone mense was geken as die Am Ha Aretz,- mense van die land. Ons sien dit in Mattheus, byvoorbeeld, die Fariseërs het geweet dat Jesus deur ’n gelykenis van hulle gepraat het maar Hy moes dit eenkant privaat aan sy dissipels verduidelik. Die godsdienstige geleerdes het geweet waarvan Jesus gepraat het en hulle was ontstoke omdat Hy hierdie geheime wat Salomo die “woorde van die wyse manne” en hulle raaisels en hulle verklarings van Spreuke, wat ons in Hebreeus mashalim of mishla noem- gelykenisse gevat het en dit vir die gewone mense gegee het. Dit was die sleutel na hulle magsbasis en hy het dit vir gewone mense gegee, mense, wat die godsdienstiges heersers gedink het, vervloek was. Die godsdienstige heersers het nie van Jesus gehou nie. Jesus praat geestelik (“En dit het Hy gesê van die Gees---.” (Joh. 7:39) en die mense dink fisies, maar dan begin Hy verduidelik wat hierdie dinge beteken. Johannes se evangelie het die meeste te doen met die Joodse feeste. In Johannes sien ons duidelik Jesus as die vervulling van die feeste. Hy is die vervulling van Hanukkah, die Joodse Fees van Toewyding. (Joh.10) Hy is die Messiaanse vervulling van Paasfees (Passover-) Die Lam van God wat die sondes van wêreld wegneem. (As jy ’n Katolieke skool bygewoon het, my simpatie met jou. Onthou jy hierdie-- (Latyn) “Agnus Dei Qui Tolles Pecatamundi.) Hier is dit Jesus as die Messiaanse vervulling van die Loofhutte fees, die fees van Tabernakels. Die Hebreërs het drie pelgrim feeste. In die lente was daar die Paasfees en Pinkster—Hag Shavuot (of weke) maar in hierdie tyd van die jaar in die herfs was daar ’n ander een, die Huttefees. In Jesus se dag na die Makkabeërs was daar ’n vierde een. Dit is die Pelgrim feeste waar Jesus van ander plekke af gekom het na Jerusalem om dit te vier. Dit was Hanukkah. Dit tyd tussen die Loofhutte Fees en die Hanukkah fees kan minder as twee maande wees en somtyds sewe weke. In ag genome dat hulle al die pad moes afloop vanaf Galiléa en dan weer terug en dikwels het hulle gedoen wat Jesus gedoen het, hulle het in Jerusalem by vriende of familie oorgebly en al twee die feeste gelyktydig gevier en teruggekeer huis toe. Dit was die vakansie seisoen. Een vakansie seisoen in die lente het gestrek vanaf die Paasfees tot by Pinkster en die tweede vakansie seisoen in die herfs het gestrek vanaf Hutte al die pad tot by Hanukkah en hulle was al twee oes seisoene. So, nadat die mense klaar gewerk het, het hulle ’n soortvan geestelike vakansie in Jerusalem gehad nadat hulle die vrugte van die oes ingesamel het. Almal is in Jerusalem en hulle draai om Jesus omdat Hy hulle dinge leer. Kyk na die houding van die godsdienstige leiers, dit is presies wat jy vandag sien. “Wie is hierdie man wat die mense dinge leer wat ons nie wil hê hulle moet weet nie? Wie is hierdie man wat ons bedorwenheid en skynheiligheid in die openbaar in die lig bring? Wie is hierdie man wat ons magsbasis bedreig deur om mense die Woord van God te leer? Hierdie mense is vervloek! Hulle ken nie die Torah nie, ons ken die Torah!” Dit feit is egter hulle ken nie die Torah nie, hulle weet niks nie. “Geen profeet het van Galiléa af gekom nie?” Wat van Jona? Hy was van Gath Hepher, minder as 2 myl vanaf Nasaret, hulle het dit nie geweet nie, hulle moes dit geweet het maar hulle het nie. Hulle was meer bekommerd oor kerk politiek en die beskerming van hulle persoonlike finansiële belange. Hulle sê, “Die mense is vervloek!” Hulle stel hulleself op. Nikodemus. (Die Griekse voorvoegsel “Nico” :is dieselfde woord wat gebruik word vir Nikolaïte wat “onderdrukking van mense” beteken) Nikodemus was ’n goeie man in die Sanhedrin, hy het probeer om die stelsel van binne af te verander maar hy kon nie. Vandag is daar baie mense in ons denominasies wat probeer die stelsels van binne af te verander, van hulle is goeie mense, maar hulle slaag nie. Daar is goeie mense in kerke, maar wat van die ander mense en denominasies wat homoseksuele in kerklike ampte aanstel en heroïne handelshuise bedryf? Maar daar is nog goeie pastore in die Assemblies of God terwyl die nasionale uitvoerende leierskap die kerk van die een na die ander dwaling en misleiding lei. Daar is nog mense soos Nikodemus wat nog steeds deel is van die stelsel wat probeer om die kerk terug te bring na bekering en ’n terugkeer na God se standaarde, gefrustreerde mense as gevolg van al die korrupsie in die stelsels. Die toestand van Judaïsme. Die toestand van die Kerk toe Jesus die eerste keer gekom het gaan basies dieselfde wees met Jesus se tweede koms, dit is een van die dinge wat getuig van die vervalle toestand van die Kerk in die Laaste Dae, spesifiek in die Weste, dit is dieselfde ding. “Wie dink hierdie mense is hulle?” Hulle het hulleself as leiers aangestel. “Wie is jy om ons te bevraagteken? Dit is dieselfde gesindheid wat ons vandag sien. In die laaste paar jaar het baie mense bewus geword van dinge wat hulle weet nie van God is nie, misleiding en kettery, onetiese dinge. Baie mense het probeer om met hulle herders en leiers oor hierdie dinge te praat maar dit werk nie. Baie herders stel hulleself op ’n podium as heersers oor die kudde en in plaas daarvan om met probleme Bybels te deel dra hulle ’n houding uit van: ‘Ons ken die Bybel’ en- “Wie is jy wat ons bevraagteken”? In die laaste vyf jaar het ons gesien hoe hierdie houding navore gekom het in lande soos Amerika, Engeland, Kanada, Nu-Zeeland en Suid Afrika. Dit is presies waarteen Jesus te staan gekom het en wat ons vandag weer sien gebeur. Hulle stel hulleself oor jou op en laat jou glo dat hulle dinge weet waarvan jy niks weet nie. Daar is ’n persoon in die Assemblies of God wat homself uitgee as ’n sielkundige met die naam van Allen Davies. Hy bedryf ’n sogenaamde Bybel Kollege maar wat hy leer is New Age visualisering. Hy gee homself uit as ’n Bybel geleerde wat ’n Bybel Kollege bedryf. Hy het ’n artikel die Evangel Magazine geskryf waar hy praat van “The demoniac in Gerasenes,” en hy sê die man in Markus 5 se naam was “legion. (Legio)” Die teks in Markus 5:9 sê egter die demoon se naam was legio - “Want ons is baie”. Ek sou nie verwag dat alle mense Grieks en Hebreeus kan lees nie, dit is ’n plus punt as jy dit kan doen, maar ek verwag van ’n man met ’n graad in sielkunde dat hy ten minste Engels kan lees. Maar tenspyte van hierdie dinge is daar hierdie pastore en leraars wat hulle self oor mense aanstel terwyl hulle nie weet wat jy dink nie. “Wie is jy om ons te bevraagteken?” Dit is wat hulle sê is nie Bybels nie, maar wie is jy om ons te oordeel? En as daar iemand in die stelsel opstaan en uitpraat soos Nikodemus, dan gaan hulle hom aanvat. “Wie is jy in elk geval, ons sal jou getuigskrifte wegneem” En as jy iemand buite die stelsel is, soos Jesus, dan sal hulle as hulle kan ’n lynch gepeupel agter jou aanstuur. Mense vra hoekom vergelyk ek my nie met Jesus nie, en hoekom stap ek heen en weer as ek bedien, wel dit is moeilik om ’n bewegende teiken raak te slaan. Dit is die agtergrond, dit is die inleiding. Kom ons kyk na Simchat Torah. Joodse agtergrond van Johannes 8. “Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan. En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?-- -- En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.” (Joh. 8:1-6) In die Griekse teks, wanneer Jesus Sy vinger gebruik om te skryf dan is dit ’n teken dat die aksie beklemtoon word. “Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is--- die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Joh. 8:7-12) Let op die term “Ek Is” en hoeveel keer dit voorkom. In Grieks is dit “Ego Actus me invito factus non est meus actus.” (Ek kan Grieks lees maar ek kan dit nie skryf nie) Jesus kom al nader. In Griekse teks is dit ’n progressie. In die Griekse teks kom Jesus progressief al nader en Hy word al duideliker om Homself te identifiseer as die EK IS God. Hy is die God van die Boek Eksodus. EK IS wie EK IS identifiseer Homself aan Moses. Hy word duideliker en duideliker, soos wat die teks EK IS beklemtoon totdat Hy hom finaal identifiseer as God. Hier is die eerste EK IS “--die lig van die wêreld. Wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Joh. 8:12) “Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie. Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie. Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie. En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het. [Jesus identifiseer Homself met God] En dit is ook in julle wet (Torah) geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.” (Joh. 8:13-17) Wat ons moet verstaan is dat volgens die Torah, die Joodse Wet, moet daar twee getuienisse teen die vrou wees om haar te kan stenig. Daar moes twee getuies wees wat nie skuldig was aan dieselfde sonde nie. Jesus handel hier in geregtelike term. Daar moet twee getuies wees wat elke feit wat enige soort aanklag kan voortbring verifieer volgens die Torah, en Jesus doen weer ’n beroep op dieselfde geregtelike beginsels van die Torah. Die Joodse Wet met Rabiniese toevoegsels was later geken as halacha. “Ek en Hy wat My gestuur het”. In vers 17 sien ons die twee getuienis, wat beteken dit was die waarheid. In vers 18 sê Jesus: “Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.” Dit verwys na ’n toekomstige gebeure waar twee leuenaars teen Jesus getuig het. Dit is dieselfde idee en die aaneenlopende tema regdeur die teks. Vers 19. “Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.” Dit verwys terug na Johannes 5 waar Jesus vir die Hebreërs gesê het: “As julle Moses geglo het dan sal julle My ook geglo het.” My familie is Israeli’s en ek is nou al vir twintig jaar plus ’n evangelis vir die Jode, en ek kan julle dit sê. Die probleem van die Joodse mense is nie dat hulle Christus verwerp nie, dit is nie hulle probleem nie. Die verwerping van hulle Messias is die resultaat van hulle probleem. Hulle probleem is hulle verwerp die Torah, hulle glo nie aan Moses nie. As hulle Moses geglo het sou hulle geglo het dat Jesus die Messias is. Hulle groot probleem is hulle vervang die Torah met die Talmoed of hulle lees die Torah deur die prism van die Talmoed as Rabiniese kommentaar. Dit is baie dieselfde as Rooms Katolisisme wat die Nuwe Testament verdraai, of liberale Protestantisme, of die Griekse Ortodokse leer wat die Nuwe Testament verdraai, en net so het die rabbi’s nadat hulle Jesus verwerp het die Torah ook verdraai. As hulle die Vader geken het dan sou hulle die Seun ook geken het. As hulle Moses geglo het dan sou hulle ook geglo het dat Jesus die Messias was. Dit is hoekom ek nie aan Joodse mense uit die Nuwe Testament getuig voordat ek nie eers die Ou Testament aan hulle verduidelik het nie. Vers 18: “Ek is Hy.” Dit is weer ’n woordespel uit die Grieks teks. “Hierdie woorde het Jesus gespreek by die skatkis”. (Vers 20) Jesus bestraf mense altyd waar dit seermaak en die godsdienstige instellings was net so op dinge ingestel as wat dit vandag is. Weet jy wat gaan aan? Weet jy wat skuil regtig op die agtergrond van al hierdie namaaksels en manipulasies? Geld. Hulle na-aap hierdie skitter akteurs en valse godsdienstige kerk leiers van Amerika en Suid Afrika met al hulle duur karre en paleise wat jy op die TV sien, en natuurlik is hulle bediening hulle kaartjie na ’n vorm van sukses wat hulle nie in die sekulêre wêreld kon kry nie. Dit is met ’n swaar hart dat ek moet erken dat ek ook ’n Pinkster prediker is. Pinkster van ouds het nie baie Grieks en Hebreeuse geleerdes gehad nie, maar hulle het die Woord van God geken, hulle het hulle Bybels geken. Hulle het geweet waarom en wat hulle geglo het. Hulle het geweet waarom hulle pre-Millennium was. Hulle kon op ’n Bybelse basis argumenteer waarom hulle glo aan die Gawes van die Gees en hoekom dit vandag nog van toepassing is. Die gawes was nie gebaseer op ondervindinge nie, maar op die Skrifte. In Amerika en Skotland was daar ’n paar Pinkster geleerdes, akademici, maar hulle is weg. Daar is uitsonderings, maar vandag se Pinkster bediening het ’n stortings terrein geword van mense wat niks anders kan doen nie. Weereens, daar is uitsonderings, maar nie baie nie. Baie van hierdie mense in kerk leier rolle sou nie hierdie karre, buitelands toere en groot inkomste gehad het as hulle nie Pinkster predikers geword het nie. Hulle sou nie goed genoeg wees om tandartse, skrynwerkers of ander professionele mense te wees nie, maar hulle word Pinkster predikers. Daar is nie meer ’n standaard nie. As hulle nie die Woord van God volgens Timotheus en Titus reg kan sny nie dan het die meeste van hulle geen Bybelse reg om in die bediening te staan nie. Luister na hulle preke, ’n paar verse word buite konteks aangehaal terwyl hulleself nie weet waaroor dit gaan nie, dit is ’n skande. Die Pinkster bediening veld het vir hulle ’n kaartjie na ’n middelklas sukses geword omdat hulle dit nie in die professionele sekulêre veld of in ’n besigheid kon maak nie, weereens daar is uitsonderings, Faithland en Oak Park is uitsonderings. Die Assemblies of God waar ek bedien het, is uitsonderings. Die hoofstroom vandag is nie wat dit was twintig jaar terug was toe die Assemblies van God en ander Pinkster bewegings die dinge wat ons nou sien verwerp het. Hulle wou niks te doen gehad het met William Branham of E. W. Kenyon of A. A. Allen nie. Hulle het die Manifest Sons of God en die Latter Day Rain bewegings van die 1940s en 1950s verwerp, maar vandag aanvaar hulle presies dit wat hulle voorvaders verwerp het. Die Assemblies of God het vandag niks meer in gemeen met dit wat hulle was nie, dit is basies ’n ander beweging met dieselfde naam. Hulle is weg. Hierdie soort verval is skrikwekkend en dit was die soort verval waarteen Jesus in die Judaïsme van Sy dag opgestaan het. “En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, (weereens ’n woorde spel) kan julle nie kom nie. Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, [Ek Is] kan julle nie kom nie?” (Joh. 8:21-22) Let op die herhaling van die woorde Ek Is. In die Griekse teks is die progressie baie duidelik. Wanneer gepraat word van “die Jode” dan beteken dit nie mense wat Joods is nie. Hulle was almal Joods, Jesus ook. Wat dit beteken, [en daar is ’n vertaling probleem van die Griekse woord iaodaoi,] hulle was die Jodiane, die godsdienstige instellings in en om Jerusalem en die mense wat hulle beïnvloed en beheer het, in teenstelling van die gewone Jode. Dit verwys na die godsdienstige aristokrasie en die mense wat direk onder hulle beheer was wat grootliks rondom Jerusalem gebaseer was. Hulle was almal Jode. So, waar die teks sê “hulle” wou Jesus stenig dan beteken dit die godsdienstige geleerdes en diegene rondom Jerusalem wat direk onder hulle beheer was. “En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is (Ek IS) nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, (Ek Is Hy) sal julle in jul sondes sterwe.” (Joh. 8:23-24) Dit gaan direk terug, Jesus het in Aramees uit die Targumim aangehaal. Dit sou presies Eksodus 3:14 wees. Nou, Jesus was by die punt om Homself God te noem. Hy kom al nader met die Ek Is uitdrukking. “Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê. Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld. Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.” (Joh. 8:25-27) Weereens, Jesus praat geestelik en hulle verstaan dit nie. “En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.” Joh. 8:28) Let op Jesus doen niks op eie inisiatief nie. Hierdie idee dat ons links en regs siek mense die hande kan oplê en hulle beveel om gesond te word is absurd. Jesus het net hande op mense gelê wat deur Sy Vader aangewese was. As die Heilige Gees jou in ’n sekere situasie bekragtig om te sê iemand is genees van kanker, dan sal dit so wees. As die Heilige Gees jou bekragtig om iemand uit die dood te laat opstaan, dan sal die persoon opstaan. Maar as jy soos ’n idioot rondloop en mense beveel om gesond te word, dan is dit presies wat jy is. In Korinte gebruik Paulus die woord “idiot” (idiota) vir mense wat geestelik blind is. Daar is mense wat rondgaan en weerlose siek mense beveel om gesond te word maar wanneer hulle nie gesond word nie dan word beweer dit is omdat hulle vervloek is. “Jy het nie geloof nie.” Kan jy dink dat iemand vir ’n pragtige ou dame, kind van God aan die einde van haar dae, wat niks in hierdie lewe oor het nie behalwe haar geloof in Jesus, om vir haar te sê sy het nie geloof nie daarom het sy nie gesond geword nie? Maar hulle vat al haar geld en al wat daar vir haar oor is haar geloof in Jesus en dit wil hulle ook van haar wegvat omdat dat sy nie volgens hulle gesond geword het nie. Miskien is hulle onkundig, maar hoe ook daarna gekyk word dit bly die laagste vorm van sielkundige gruwelikheid omdat hulle die Christelike boodskap rondom hierdie gebeure verdraai om te doen wat hulle doen. Jesus het net gedoen wat Hy Sy Vader gesien doen het, Hy het nie eenmaal Sy goddelike krag gebruik nie. In Mattheus 4 toe Satan Jesus versoek het, was Satan se doel om Jesus so vêr te kry om iets buite die Wil van Sy Vader te doen. Satan het probeer om Jesus so vêr te kry om iets in die vlees te doen, maar Jesus het dit nie gedoen nie. Die idee dat iemand links en regs dinge kan doen soos hy wil, om dinge in die lewe te roep, is Gnostisisme. Dit is arrogansie, dit is motivering sielkunde, dit is onchristelik! Jesus sê Hy doen net wat Hy Sy Vadet sien doen het. Jesus het net dinge gedoen waar die inisiatief van die Vader af gekom het. “--- en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.” (Joh. 8:28-29) Jesus het altyd opreg in die Gees gewandel as ’n voorbeeld vir ons. Vers 30: “Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.” Die wat rein van hart is sal altyd weet wat geestelike gesag is, in teenstelling van swaarhand leiers en Nicolaitisme. Hulle sal weet wat ’n ware salwing is as hulle verhouding met God reg is, hulle sal altyd sonder baie oortuiging outomaties die verskil ken. Hulle sal outomaties weet wat die verskil is tussen ’n ware en ’n valse salwing. “Baie het in Hom geglo” “En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: [Nou praat Jesus met die Godsdienstige leiers] – As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (31-32). Op ’n ander plek word Jesus geken as die Waarheid. ’n Paar jaar terug met die dronk ‘lag in die gees misleiding’ het ’n persoon in een van die groepe probeer om vir Philip Powell te sê dat “God groter is as Sy Woord.” Powell wat ’n lid van die Assemblies of God was, het te veel integriteit gehad om stil te bly en hy het hierdie man na Psalm 38: 2 verwys: (53- OAV) “---want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.” [AV—“--for thou hast magnified thy word above all thy name.”] Hy vra vir die man- “Wie is reg, jy of die Bybel? Philip was 100% reg omdat die Bybel reg is. “Jy sal die waarheid ken en die waarheid sal vrymaak.” Nadat mense in ’n sielkundig gebondenheid van ’n kultus groep gevang was en hulle kom by die waarheid uit dan maak die waarheid hulle vry. Vers 33: “Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?” Jesus praat van ’n verslawing aan sonde, Hy praat geestelik en hulle dink fisies, tydelik. “Voowaar, voorwaar,” Waar hierdie herhaling van woorde in die evangelies voorkom dan sê dit vir jou dat die oorspronklike taal nie Grieks was nie. Die oorspronklike taal was in Hebreeus, of nog nader, ’n Hebreeuse dialek- Aramees. In Semitiese tale soos Aramees, Hebreeus, Hamo Semities en ander Chaldese dialekte soos Siries of Arkadies, om iets uitdruklik te beklemtoon dan sê jy dit twee keer. As jy wil sê iets is baie koud dat sê jy koud- koud. Of baie warm—warm- warm. Om iets twee maal te herhaal dui op die ernstigheid van die punt en alles wat daarop volg draai om dit wat in die teks staan. Vers 34: “Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.” Die Griekse Teks hier is in die teenwoordige aaneenlopende tyd. Die Griekse teks het nie ’n teenwoordige tyd soos in Engels nie. In Grieks is Johannes nie Johannes die Baptis nie. Eerstens van alles was hy Pinkster, in Grieks is hy Johannes die Doper. In Johannes 8:34 lees ons- “--Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.” Dit beteken nie dat elke keer wanneer ons sondig dat ons slawe van sonde is nie, dit beteken ons lewe nie in sonde nie. “Hy wat uit God gebore is sondig nie meer nie.” Dit is in die teenwoordige aaneenlopende tyd. Christene kan in sonde val maar hulle doen dit nie uit ’n gewoonte nie. Joh. 8: 35-44: “En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. [Hier het Jesus baie naby gekom om Homself die Seun van God te noem] Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; [Hier praat Jesus antropologies] maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie. Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.-- ....-- Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.” As jy luister na al die leuens van die geld predikers dan weet jy dit kom van hulle eie natuur af omdat hulle van hulle vader die duiwel is. Mense vra vir my hoekom ek so ernstig teen hierdie soort predikers optree. Wel, hoe kan Jesus vir hulle sê dat hulle van hulle vader die duiwel is? Ek glo eerlikwaar dat John Avanzini, Kenneth Copeland en Benny Hinn van hulle vader, die Duiwel, is. “Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. (45). As ek leuens in mooi opgemaakte woorde aan jou verkoop, op jou blaas en my baadjie op jou gooi en jou uit al jou geld bedrieg dan sal ek aanvaarbaar wees vir die Sanhedrin. Maar as ek die waarheid praat dan veroordeel hulle my. “Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie. Die Jode (Dit is die Judeërs) antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 'n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?” (47-48) Wanneer jy hierdie mense se dwaling en valse bediening uitwys dan is jy demonies. Baie mense gaan nie saam met die Assemblies of God wat met Benny Hinn of met die lag en dronk in die gees beweging heul en met hulle kettery saamgaan nie. Maar mense wat hulle gewaarsku het was as demonies of iets soos dit, uitgegee. Ons het ’n video van die prokureur van Pensacola, John Kilpatrick die leuenaar, hy het gelieg oor die dogter wat geruk en gebewe het. Hy het gelieg toe hy gesê het sy kom van ’n goeie Christen familie af en dat hy haar ouers ken, terwyl sy egter in ’n gebroke huis opgegroei het. Hy het gelieg en dit is op video. Hy het ook teen Hank Hanegraaff geprofeteer wat gewaarsku het dat Pensacolea nie van God is nie. Kilpatrick het geprofeteer dat God Hank Hanegraaff binne drie maande gaan laat val. Hanegraaf het ’n aftelling oor ’n Amerikaanse radiostasie gereël en aan die einde van die drie maande het hy Kilpatrick as ’n valse profeet gemerk. Terwyl ek nie nou Hank Hanegraaff aanbeveel nie, was hy reg met betrekking tot hierdie situasie en aan die einde van die drie maande het John Kilpatrick, die leier van Pensacola, van ’n dak afgeval en sy beken been gebreek en in wielstoel beland. Die enigste persoon met wie God gedeel het was Kilpatrick en nou gaan die vroue van Pensacola na Kevin Conner se plek. Wat verwag jy? “Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel. Voorwaar, voorwaar (Hier is dit weer) Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.” (49-51) Weereens, dit is nou, aaneenlopend aktief. Dit beteken nie jy sal nie doodgaan nie, dit beteken die dood is nie ’n permanente aaneenlopende toestand nie as gevolg van die opstanding. “Toe sê die Jode (Judeërs) vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit? Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is. En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord....” (52-55) Let op Jesus praat met mense voor in die gemeente, dit is waar jy die bekende godsdienstige leiers van die dag kry, die leuenaars en die misleiers. Dit is wat Jesus gedoen het. Nou, ek is nie soos Jesus nie, maar ek is veronderstel om soos Hy te wees. Ek wil graag soos Hy in regverdigheid en in liefde wees maar ek wil graag ook soos Hy in die waarheid wees. “En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord. Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê julle,--[Hier is dit weer, dit is uitdruklik in die Grieks, in die oorspronklike spreektaal Aramees of in Hebreeus, Ani Hu Ani. Dit is dit! Dit is dit!]-- voordat Abraham was, is Ek. Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.” (55- 59) Dit het in die vakansie seisoen tussen die Fees van Tabernakels en Hanukkah gebeur. Hanukkah is die Joodse Fees van Wonderwerke en die Ligte. Direk na Tabernakels, die dag toe dit plaasgevind het, word geken as Simchat Torah, die Heerlikheid van die Torah, wat die klimaks is van die Fees van Tabernakels. Tot vandag toe vat die Ortodokse Jode die Torah rolle en hulle dans daarmee terwyl die mense hulle met rys bestrooi soos met ’n huwelik, omdat die Jode met die Torah getroud is. Dit is gewoonlik lede van die Joodse gemeenskap wat die meeste bydra tot die saak van die Sinagoge, wat uitgenooi word om met die rolle te dans. Hulle word die HARAN genoem, die bruidegomme. Dit is die enigste tyd gedurende die jaar dat die klein seuntjies wat nog nie bar-mitzwha deurgegaan het nie, wanneer hulle toegelaat word om die seënbede in die sinagoge uit te spreek. Dit is Simchat Torah. Die Jode lees jaarliks die Wet en die Profete en die Ha Torah, ’n verkiesing, ’n jaarlikse liturgiese siklus saam met die gebede boek wat die Siddur genoem word. Die jaarliks siklus begin met Simchat Torah. Hierdie einste dag gaan terug na die Boek Genesis 1:1. Wanneer Jesus die nuwe Wet gee dan het dit te doen met ’n nuwe begin, ’n verlange terug na die begin, die skepping en die nuwe skepping. Die tema van die nuwe begin word baie belangrik. Simchat Torah is die Joodse Fees van Lig. Twee reuse Menorahs met sewe pype en kandelare (soos wat ons in Openbaring een sien) word vol olie gemaak. Met Hanukkah het dit nege pype en kandelare, maar die normale een in die Tempel het sewe. Hulle was drie en half verdiepings hoog, van uitgeklopte goud, hol in die middel. Dit was in hierdie tyd van die jaar dat die Sanhedrin die kandelare se kanne met olyf olie wat van die Olyfberg af gekom het volgemaak het en die lampe se pitte reg gesny het. Dit is teen hierdie agtergrond wat Jesus gesê het, “Ek sal lewende water gee.” In vers een kom Hy van die Olyfberg af en sê: “Ek is die lig van die wêreld.” Hy het dit wat in die tempel gedoen was gevat en dit op Hom van toepassing gemaak. Hierdie lampe is simbole van die Woord van God. Jesus sê: “Julle glo nie My Woord nie? Wat is hierdie woorde? “U Woord is lamp vir my voete en ’n lig vir my pad.” (Ps. 119:105) Die wyse maagde sal olie in hulle lampe hê. Getroue Christene sal die Skrifte verstaan wanneer Jesus aan die einde in die nag terugkeer. Jesus vat die agtergrond van Simchat Torah en Hy gebruik dit om alles wat hier gebeur te ondersoek en te verklaar. Om te verstaan wat dit is en hoe dit werk moet ons Lev. 23 lees met betrekking tot Simchat Torah. Dit is die laaste dag van die Fees van Tabernakels. “Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is [Daar is dit weer] die HERE julle God. So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.” (Lev. 23: 42-44) Kyk na die parallel tussen Levitikus en Johannes. Johannes 8 is Levitikus 24 vervul in Jesus. Ons het die einde van die Hutte Fees aan die einde van Levitikus 23 en die begin van Simchat Torah in Hoofstuk 24. Die Nuwe Testamentiese parallel van Lev. 23 en 24 is die einde van die Hutte Fees in Johannes 7 en dan Simchat Torah in Johannes 8 wanneer hulle terug gaan na Genesis. “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.” (Lev. 24:1-2). Die Leviete het die olyf olie van die Olyfberg af in die Tempel gebring om die lampe vol te maak. In Joh. 8:1 kom Jesus, die Lig van die wêreld, van die Olyfberg af. Hy is die Lig van die wêreld. Hy sal die Skrifte verklaar. Die Liviete het baie seker gemaak van die lampe en hoe om dit fisies vol te maak. Jesus het gepraat oor wat dit geestelik beteken. “Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.” (Lev. 24: 3-4) In die Midde-Ooste van ouds, om die maksimum hoeveelheid son in ’n kamer te kon kry, het hulle gebruik gemaak van ’n konveks (konkaaf) argitektoniese ontwerp. Die vensters was buite wyd met ’n hoek vermindering na binne, ’n tregter effek wat die sonskyn na binne laat skyn met ’n kollig effek wat die kamer verlig. Met die Tempel struktuur was dit andersom, die lig het van binne na buite geskyn. So, die lig van die Torah het uitgeskyn oor Jerusalem. Die lampe verteenwoordig die Woord van God, so hulle moes dag en nag gebrand het sodat die lig altyd uit die tempel kon skyn. Sy Woord is die Lamp wat altyd uit skyn oor Sy mense en oor Sy stad. “Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE. En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.” (Lev. 24: 5-7) Daar is twaalf koeke, een vir elke stam. Die graan kom eerste. En net wanneer jy die graan het, kan jy die reukwerk kry. In Openbaring sien ons wierook verteenwoordig die gebede van die heiliges. Dit is ons gebede en aanbidding. Letop, die graan kom eerste, daar moet olie in die lamp wees. Die verligting van die Heilige Gees deur die Skrifte en die graan moet daar wees en dan en net dan kan daar aanbidding wees! Daar is geen doksologie (’n liturgiese formule om God te prys ) sonder teologie nie. Met ander woorde, as die leer nie reg is nie dan is daar geen aanvaarbare aanbidding nie. Die Vader wil in Gees en Waarheid aanbid word. As jy nie die waarheid het nie dan is die gees verkeerd. Dit gebeur by die Joodse Fees van die Bybel, die Huttefees opgevolg deur die Simchat Torah. In Nehemia 8:1, met Fees van Tabernakels, vloei daar lewende water. Ezra die skrywer staan op, die boek word oopgemaak en in vers 8, die manne en Ezra en die Liviete vertaal die Wet vir die mense. Na hulle gevangeneming deur Babilon het baie min Jode nog Hebreeus geken, hulle het Aramees geken daarom word hulle weer gevoed in die oorspronklike taal en betekenis van die Skrifte. Die klem is op die oorspronklike tale- Hebreeus, Grieks en Aramees. Dit is baie meer belangriker as enige vertaling. God het Sy Woord deur hierdie tale gebring en die prioriteit van die oorspronklike tale kom eerste wanneer die Skrifte ondersoek en verklaar word. Daar is King James alleen fanatieke wat ’n sewentiende-eeuse Bybelse uitgawe en vertaling verhoog bo die oorspronklike Skrifte. Daar is mens in hierdie land wat deur hierdie identiteit beweging beïnvloed word soos neo-Nazis soos Wendy Howard en Wendy Booster van die Goue Kus. Mense wat ’n vertaling verhoog bo die oorspronklike Skrifte. In Nehemiah 8 het hulle die oorspronklike betekenis in die oorspronklike tale ondersoek. Let op, in vers 3 het hulle ’n hele dag Bybelstudie gedoen, van vroeg die oggend af tot vroeg oggend die volgende dag tot die middag. Die mense het vir ure lank Bybelstudie gedoen en dan, en net dan het die mense opgestaan en met hande omhoog “Amen- Amen” gesê. En hulle het hulle neergebuig en aanbid. Eers vloei die lewende water, die Woord van God is gepreek en uitgelê, dan, toe die mense verstaan het wat God wil hê, het hulle Hom in Gees en Waarheid aanbid. Dit is een van die redes waarom daar na dertig jaar geen herlewing in die Charismatiese beweging was nie. Wat duidelik is, is dat dit die New Age beweging is wat die samelewing verander het en nie die Charismatiese beweging nie. Die New Age en die Charismatiese beweging het dieselfde tyd in die laat 1960 begin toe die Maharishi Mahesh Yogi na Engeland toe gekom het, na die Beatles, die Rolling Stones en Hollywood film sterre. Beide bewegings het verklaar dat hulle die Westerse samelewing geestelik gaan verander. Wel, na dertig jaar, wie van hulle het dit gedoen? Het die Charismatiese beweging dit meer Christelik gemaak of het die New Age beweging dit meer New Age gemaak? Die New Age beweging het. Die Charismatiese beweging het skitterend gefaal in hulle poging om die samelewing te verander. Dit het nie die kerk verander nie, en een van die groot redes waarom dit so totaal gefaal het, was omdat dit gedraai het om ’n ondervinding teologie. Dit was nie gebaseer op die Bybel nie. Met ’n ware beweging van God het die Jode die Skrifte ondersoek en eers dan was daar aanbidding. Die Charismatiese beweging sê: “Wie het dit nodig? Ons sal net aanbid.” So, as jy ’n Alpha kursus handboek het, brand dit! Jesus het nie gesê gaan maak bekeerlinge nie, Hy het gesê gaan maak dissipels. Alpha is onbybels, Alpha, onderandere is nemosentries, dit is gebaseer op die Heilige Gees. Ons geloof egter is gebaseer op Christus, dit is Christosentries. In Johannes 14 en 16 lei die Heilige Gees mense Christus en nooit na Homself nie. Hy sal altyd Jesus verheerlik. Al hierdie dinge soos “Good morning Holy Spirit, come Holy Spirit, we worship you.” “Kom o’ skepper Gees”- Is onbybels. Aanbid ons die Heilige Gees? Hoe doen ons dit? In die konteks van die Drie-Eenheid van God, ja, maar nie in een plek word Hy ooit alleen buite die Drie-Eenheid aanbid nie. Dit is ‘n bewys dat dit nie God se Gees is nie. In die ou Pinkster het die Heilige Gees mense altyd na Jesus toe gelei en nie na Homself nie. Ou Pinkster het koortjies gesing soos: “Gee my olie in my lamp, hou dit brandend.” Hulle was lief vir die Bybel. Vandag hoor ons dinge soos. “Ons het nie die Bybel nodig nie, net ondervinding.” Dit is New Age, dit is nie Christenskap nie. ‘n Groot gedeelte van die Pinkster beweging van vandag is teologies en filosofies New Age, onchristelik, en ek is Pinkster. Na dertig jaar het die Pinkster beweging gefaal omdat daar geen ware aanbidding is nie. Wat ons vandag sien is aanbidding van aanbidding, aanbidding van ondervinding. Die doel van Alpha, volgens Nicky Gumbel, was dinge soos Heilige Gees naweke om mense na die Toronto Blessing toe te lei. Niks daarvan is Bybels nie. Weereens, Jesus het nie gesê gaan maak bekeerlinge nie. Hulle sê: “O’ so baie mense is gered!” Gered in wat? Die Fariseërs het bekeerlinge gemaak wat tweekeer meer seuns van die Hel was. In Engeland, die oorsprong van Alpha was sowat twee honderd mense wat die Alpha kursus gedoen het ondervra en net vier van hulle kon die Evangelie verklaar, en heel waarskynlik was hulle gered voordat hulle die kursus gedoen het. Weereens, as jy hierdie kursus het, brand dit. Weereens, daar is geen doksologie sonder teologie nie. Daar kan nie ware aanbidding wees sonder die regte leer nie. Die Charismatiese beweging is in baie gevalle ’n hoop strooi, nie Charisma, die gawes nie, maar die beweging het skandelik gefaal. Mense is gered maar in wat? ’n Sirkus? In die Bybel, die eerste ding wat gebeur is die lampe word vol olie gemaak. Die graan was daar, en net nadat die graan daar was, was daar reukwerk. Dit is wat Jesus verduidelik. In Lev. 24:10 gebeur daar iets. Daar is ’n radikale skuif in die literêre genre. Dit beweeg weg van ’n rituele voorskrif na ’n vertelling na ’n storie van ’n lasteraar met ’n valse vader. Wat gebeur in Joh. 8? Jesus praat van lasteraars met ’n valse vader. Hierdie einste teks, Lev. 24 is wat die Jode gelees het met betrekking tot hierdie feesdae, maar hulle het nie verstaan wat hulle gelees het nie. “En die seun van 'n Israelitiese vrou maar hy was die seun van 'n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en 'n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer. Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM [YHWH, EK IS] gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. (En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.) En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig. En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.” (Lev. 24:10-15) Kyk na Johannes 8 in die lig van wat gebeur in Simchat Torah. Dieselfde elemente is daar. In Lev. 23 en in Joh. 8 is daardie die lampe en olyf olie, shemen Zayit, en Jesus gaan na die Olyfberg waar hulle die olyf olie kry. Daar is ’n verhaal oor ’n steniging. Daar was iemand wat antropologies ’n Jood was maar vaderlik het hy die verkeerde vader gehad. In Johannes 8 sê Jesus vir die Jode Hy weet hulle is Abraham se kinders, maar God is nie hulle Vader nie. Simchat Torah in Lev. 24 en Joh. 8 is op dieselfde dag van die Hebreeuse kalender. (Dit is iets wat jy nie in kommentare van mense sal lees nie wat dink dat Christelikheid ’n Griekse of ’n Hellenistiese godsdiens is.) Kyk na Joh. 8 in die lig van die Simchat Torah. Dieselfde dag wat hulle die olyf olie van die Olyfberg af gebring het vir die lampe het Jesus van die Olyberg afgekom en verkondig dat Hy die Lig is. ‘n Vrou word in owerspel betrap. In die algemeen het die Jode mense gestenig vir baie soorte misdade en soms was hulle gebrand of met ’n swaard doodgemaak maar in die algemeen was mense gestenig vir ernstige misdade. Hoekom? Wat sê Paulus in 1 Kor. 3? Die Wet van Moses was die Wet van die dood wat op klippe gegraveer was. Dit is ’n midrash illustrasie. Die Wet wys vir ons dat ons veroordeel is. Steniging wys vir ons dat ons deur die Wet veroordeel staan. Die hele doel van die Wet is om vir ons te wys dat ons gevalle is. Ons is veroordeel en ons het ’n Redder nodig en ons kan nie die Torah onderhou nie. Volgens die voorbeeld van die Jode is dit duidelik dat ons nie God se Wet kan onderhou nie. Die Jode stel vir ons ’n voorbeeld van die menslike dilemma. God het ’n standaard wat ons nie kan onderhou nie en ons het iemand nodig wat dit vir ons kan vervul en onderhou. Ons het ’n Redder nodig. Die Jode is ’n voorbeeld hiervan, die steniging. Maar nou met ’n nuwe begin sal genade oor guns triomfeer. In die Griekse teks is dit wat Jesus met Sy Vinger geskryf het belangrik. “Jy mag nie egbreek nie”- is een van die Tien Gebooie, die dekaloog. Die hele Torah is gebaseer op die Ou Testament, en die Nuwe Testament is gebaseer op die ou Testament. Die Nuwe Testament is eenvoudig die Messiaanse vervulling van die Wet en Profete. Daar is niks in die Nuwe Testament wat nie in die Ou Testament is nie behalwe die Nuwe Verbond, maar die leer en die lering is daar. Weereens, die Nuwe Testament is ’n Messiaanse vervulling van die Wet en die profete. Maar die Wet en Profete is gebaseer op die Tien Gebooie, die Dekaloog. Al die ander Skrifte is deur God en deur mense onder die inspirasie van God geskryf behalwe die Tien Gebooie. God het dit met Sy eie vinger geskryf. Dit was Skrifte wat nie deur God geïnspireer was nie omdat dit eenvoudig die Woord van God is; God het niemand geïnspireer om dit te skryf nie. So, omdat Jesus met Sy vinger geskryf het, het Hy Homself bekend gemaak as die EK IS. “Ek het die Torah gegee.” Dit is die Simchat Torah, die vreugde van die Torah? Jesus wys vir hulle wat die vreugde van die Torah is. Die Wet sê ons is vervloek, maar die werklike vreugde van die Torah is dat Hy wat die Torah gegee het is hier om ons te red. Dit is dieselfde as die Blou Wette wat ons in die Verenigde State het. ’n Blou Wet word normaalweg nie afgedwing nie. Die Jode sou normaalweg nie die vrou vir egbreek gestenig het nie. Islam sal dit nog onder die Sharia wet doen, maar die mans kom normaalweg weg daarmee en vernaamlik as hulle met die Huis van die Saud in Saudi Arabia verbind word, maar die vroue sal hulle stenig. Tot met die tweede tempel tydperk het die Jode nie normaalweg owerspelige vroue gestenig nie, maar die wet was nog steeds op die boeke. Hulle het net van die vrou ’n sondebok gemaak. Haar aanklaers was self hoereerders, maar wat hulle eintlik wou gedoen het is, hulle wou die vrou gebruik het om Jesus in hande te kry. Sy wat geweet het dat sy skuldig was het genade ontvang, maar kyk wat sê Jesus vir haar, “Sondig nie meer nie.” Die Hebreeuse woord vir bekering is teshuva, letterlik om weg te draai van sonde af, Jesus sê vir haar “sondig nie meer nie.” Jesus het nie gekom om te oordeel nie, sy was alreeds veroordeel. Die teks sê nie sy was nie ’n sondaar nie, Jesus sê vir haar om op te hou sondig op die selfde wyse as in Johannes 5, Jesus veroordeel die sonde en nie die sondaar nie, maar Hy sê vir haar om op te hou daarmee. Mense moet tot redding kom en ophou met alkohol, rook, dobbel en rond slaap! Maar vandag bestaan heiligheid nie meer nie, en ek praat nie van wettisme nie, ek praat van heiligheid. Jesus begin skryf, onthou jy het twee getuies nodig en Hy gebruik geregtelike taal en Hy het die getuies van twee. “Waar is julle getuienisse?” Maar die twee getuies kan nie self skuldig wees aan dieselfde dinge nie en Jesus begin skryf en die vrou se aanklaers begin een vir een wegloop. Hoekom? Die Sanhedrin moes dadelik geweet het wat aangaan. Kyk na Jeremia 17:13: “o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.” Johannes 4 sê- “Ek sal vir jou lewende water gee,” en Johannes 7, gedurende die Fees van Tabernakels—Ek sal vir jou lewende water gee.” Wie is die Fontein van Lewende Water”- Jesus, die Here. Die name van hulle wat Hom afgewys het sal neergeskryf word. Jesus was besig om hulle name neer te skryf. In Openbaring, is daar aardbewoners en hemel bewoners. “Wee die bewoners van die aarde.” Of jou naam is in die Boek van die Lewe, in die hemel, óf jou naam is op die aarde geskryf. Hulle wie se name op die aarde geskryf was, was so bevrees dat hulle van hom af weggeloop het. Hulle het die Fontein van die Lewende Water verwerp. (Jerm. 17) Die grootste misleiding wat die duiwel in die kerk ingebring het is die voorspoed geloof en die Koninkryk Nou bewegings. Beide van hulle leer Christene om op die tydelike wêreld te vertrou. Die Koninkryk Nou leer mense om hulle hoop op hierdie tydelike wêreld te stel, hulle sê dit is ons huis. Hulle probeer om jou naam op die aarde geskryf te kry. In die Millennium sal die sagmoediges die aarde beërwe, maar die Koninkryk Nou mense glo nie aan ’n Millennium nie. Hulle dink ons lewe alreeds in die Millennium. Wel, as Satan alreeds gebind is, wie maak hom kort- kort los? In Johannes 8, die vrou se aanklaers loop weg. Dan die argument. Wie het die regte vader? Wie het die verkeerde vader? In Lev. 24, hulle was Jode, maar die lasteraar het die verkeerde vader. In Joh. 8, Abraham is nie hulle vader nie, hulle vader is die duiwel. Die lasteraar in Levitikus met die Egiptiese vader is dieselfde. Sy vader is die duiwel. Hy laster die Groot EK IS, die Naam. Met die vrou wat gevang is in owerspel het Jesus en die vrou ’n boeteprys gehad. By haar was die wil tot bekering, sy het weggedraai van sonde af. Vir haar, die owerspelige, was daar vergifnis en dit is die vreugde van die Torah. Dit is die Simchat, wat “vreugde” beteken- die vreugde van die Torah. Ek het meer hoop vir prostitute as vir sommige van ons vername predikers. Ek verwag dat die prostitute en die koppelaars voor sommige van hierdie mense in die hemel gaan wees omdat prostitute en koppelaars nie ou dames se pensioen geld vat en hulle onder skuldlas van vervloeking plaas omdat hulle ’n siekte toestand het nie. Hulle het tenminste nie die Evangelie verdraai om werklose en arm mense uit te buit nie. Ek verwag dat ’n prostituut of ’n koppelaar of ’n homoseksueel eerder tot bekering sal kom en Jesus aanvaar as sommige van hierdie hoofstroom “Christen” leiers in vandag se denominasies. Dit is baie jammer om dit te sê, maar ek glo dit is wat dit is. Dit gebeur hier en dit gebeur nou. Daar is hoop vir ’n vrou wat in owerspel betrap word. “Sondig nie meer nie.” Sy het Jesus ontmoet en sy het die vreugde van die Torah. Jesus het haar nie veroordeel nie, sy was alreeds veroordeel. Die manne wat gedink het hulle is die uitverkore heiliges het ’n valse vader gehad. Dit is die mense wat deur Jesus onder ’n veroordeling geplaas is omdat hulle Hom onder ’n veroordeling wou plaas. Nou raak dit baie interessant. Ons beweeg nou na die Fees van Tabernakels. In die verhaal van Daniël die profeet profeteer Daniël wat met Antiochus Epiphanes en die Makkabeërs gaan gebeur. Antiochus is ’n hoof tipe van die Antichris wat ’n vark in die tempel voor die beeld van Zeus, die Griekse god geslag het en aan wie Antiochus sy eie kenmerke gegee het. Die klippe van die altaar, wat ons in Hebreeus die mesabeach noem, was heilig. Die Jode kon nie die klippe weggooi nie en hulle kon ook nie meer daarop offer nie omdat die klippe met bloed van ’n onrein dier verontreinig was, dit sou ’n offer aan ’n ander god wees. Vir die Jode is alle ander gode duiwels. Moses praat van shedim. In Korinte praat Paulus van demone-demonoid (in Grieks). Hari Krishna is a demoon. Shiva en Krishna is duiwels. So, die Jode het nie geweet wat om met die klippe te maak nie. Hanukkah is oppad en die klippe is in die Pilaargang van Salomo gestoor. Die Jode het geglo dat die Messias met Hanukkah sal kom en vir hulle sal sê wat om met die klippe te doen. Hulle kon dit nie weggooi nie omdat hulle heilig was, maar hulle kon dit ook nie meer gebruik nie omdat dit verontreinig was. Hulle moes ’n ander altaar bou. So, die klippe was in die Tempel bewaar terwyl hulle op die Messias gewag het. Hanukkah begin. Hierdie gebeurtenis kom tot ’n einde in Joh. 10:31. Hulle wag op die Messias, maar toe die Messias gekom het, het hulle dieselfde klippe gevat om Hom te stenig. Die vrou wat in owerspel betrap is ontvang ’n Nuwe begin. Jeremia sê die Messias gaan ’n Nuwe Testament- ’n nuwe Verbond gee. Hy het die Torah gegee wat sê die vrou is veroordeel. Dit is waarom hulle haar wou stenig. Die Torah was op klippe gegraveer, die Torah veroordeel maar die vreugde van die Torah wys op die Messias wat redding bring. As jy nie ’n Christen is nie dan gaan jy baie van hierdie dinge nie verstaan nie, maar dit kan ek vir jou sê, jy is net so skuldig soos daardie vrou wat in owerspel betrap was. Ons almal het gesondig, “almal kom kort aan die heerlikheid van God.” Miskien is jy bewus van hierdie Amerikaanse TV misleiers en jy sê: “Ek kan hulle nie glo nie! En jy is reg. Jy kan nie misleiers soos Benny Hinn of Andrew Evans glo nie. Maar hulle is nie soos Jesus nie, die geding gaan nie oor Christenskap nie, dit gaan oor Jesus Christus. Jy is net so veroordeel as daardie vrou, maar daar is goeie nuus. Daar is Simchat Torah, die vreugde van die Torah. Dieselfde God wat die Torah gegee het is hier om jou te red en te vergewe. Daar is baie min hoop vir korrupte predikers maar as jy Jesus nie ken nie dan is daar sekerlik hoop vir jou. Hy kan jou sonde vergewe en ook vir jou nou ’n nuwe lewe gee. Hy kan vir jou sê: “Het hulle jou nie veroordeel nie? Ek veroordeel jou ook nie, gaan en sondig nie meer nie.” Wat Jesus vir haar gedoen het wil Hy ook vir jou doen, dit maak nie saak of jy hoereerder of ’n nikswerd is nie. (Ek was ’n kokaïen verslaafde toe ek in die universiteit was) Dit maak nie saak wat jy is nie, Jesus het vir jou gesterf en daar is vreugde in die Torah! Hy is hier om jou te vergewe, om vir jou ’n nuwe lewe te gee en Hy sal dit doen! “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle as iemand My Woord bewaar sal hy die dood in die ewighed nie sien nie.” Hierdie godsdienstige skynheiliges het nie die Woord van die Here bewaar nie en hulle doen dit vandag nog. Mag Hy ons genade gee om Sy Woord te bewaar. God seën Jacob Prasch ††† (2013)
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/ohms
Ohms Deftones se negende album reik uit na 'n vliegtuig wat hard en stil is, waar die orkes vry is om tegelykertyd die hardste en sagste impulse te geniet. Vir die eerste keer laat hulle dit maklik lyk. Voorgestelde snitte: Speel snit Urantia -DeftonesVia Bandkamp / KoopVir Deftones-aanhangers hou die verhouding tussen die voorsanger Chino Moreno en die kitaarspeler Stephen Carpenter mitologiese belang: twee opponerende swaartekragtrekkings wat die pragtige en vaag musiek van die orkes tussendeur laat sweef. Carpenter is die trots ongerekonstrueerde metalhead, wat plate van verwronge lae kant op 7- en 8-snaar kitare lewer en griewe oor die liedjies wat nie swaar genoeg is nie, openbaar. Moreno is die soniese eksperimenteerder en sterre-romantikus, met 'n stem wat mistig en eteries klink, selfs as dit in 'n gil uitbreek - die man wie se orkes 'n generasie kwaai jong rock-radioluisteraars gee eerste blootstelling aan die Cocteau Twins. Moreno en Carpenter se persoonlike verhouding is sekerlik meer genuanseer as dit, en Moreno is duidelik ook 'n metaalfan. Maar die duwtrek tussen musikale elemente is eg, en die rede waarom Deftones-albums steeds opwindend en lewendig voel, terwyl byna elke ander groep wat eens nu-metal bestempel is, nou soos selfparodiese kitsch lyk. Die Deftones-katalogus is vol oomblikke wat hierdie fundamentele spanning illustreer, maar niks voldoen op dieselfde manier as Urantia, die derde lied van hul negende album nie. Ohms. Dit begin met 'n gekartelde een-een-rif wat met desoriënterende krag gespeel word, wat u gereed maak vir 'n volgehoue aanranding. In plaas van aan te val, draai die liedjie hard in die ander rigting: ruim en sag, en ry 'n variasie van die lenige, hip-hop-beïnvloedde hi-hat groef-tromspeler Abe Cunningham, ontwikkel teen die tyd van 2000 se hoogwatermerk. Wit ponie en is sedertdien verfyn. Dit is 'n bevredigende ommekeer, en word iets groter as dit wanneer die rif terugkom - so groot en hard soos die eerste keer, maar nuut verleidelik en rats, en lei Moreno se lugagtige stem deur 'n reeks popakkoorde wat verander na 'n refrein wat oorstroom die kamer met lig. Skielik is die orkes se twee bestuursinstinkte glad nie meer in spanning nie, maar heeltemal natuurlike aanvullings, en elkeen lig die ander soos vennote in die wêreld se mees brutale skaatsroetine. Vir die eerste keer - na jare se twis en 'n harde terugkeer in 2016's Op —Defones laat dit maklik lyk. Moreno beduie in 'n onlangse Uproxx-onderhoud daardie Ohms sou aanhangers van Deftones se mees intense materiaal tevrede stel, terwyl hy homself ook 'n geloofwaardige ontkenbaarheid gee: 'Swaar' is soort subjektief, weet jy? Die laaste ding wat ek ooit wil doen, word aangehaal en gesê: 'Dit is ons swaarste plaat!' Elite of Wanneer meisies telefoon seuns . Maar dit vergewe ook die kristallyne stilte wat Carpenter blykbaar so pla, en bied nooit langer as 'n minuut of twee 'n rukkie voordat u weer toeslaan nie. In plaas daarvan, Ohms reik uit na 'n vlak buite die eenvoudige luide teen stille tweedeling, waar die band vry is om sy hardste en sagste impulse tegelykertyd toe te gee. Op The Spell of Mathematics versag 'n griezelige high synthesizer-lyn die slykmetaal-kitare wat daaronder skuif; teen die slypende terugvoer en die geraas van Error, spreek Moreno lieflike vrye assosiasies in plaas daarvan om sy eie gehuil tot die stryd te voeg. In die drie dekades sedert hul ontstaan as Sacramento-skaterrotte, het Deftones gesukkel met verslawing, die bassiste Chi Cheng verloor aan 'n koma en uiteindelike dood as gevolg van hartversaking, en het hy herhaaldelik op die punt van inploffing verskyn oor Moreno en Carpenter se musikale verskille. Op 'n stadium te midde van die onstuimigheid het hulle ouer staatsmanne geword - en nie net in die kommersiële hardrock-wêreld nie, maar ook tot jonger, hipper-orkeste soos Nothing en Deafheaven wat met trots hul invloed dra. Hulle het die reg verdien om te ontspan en probeer nie om jou idee van wat hul musiek kan wees, radikaal te verander nie. Vir diegene van ons wat vasgeval het, is dit net goed; 'n Deftones-album wat hul bekende komponente moeiteloos in 'n paar nuwe vorms verdraai, is baie opwindend. Aan Ohms, hulle hou hul mees avontuurlike klanke op die randjie. Pompeji los op in 'n wassing van onheilspellende synth-drone, en verlei jou in selfvoldaanheid voordat die hidrouliese ritmes van This Link Is Dead aankom om jou wakker te skud; The Spell of Mathematics spandeer die helfte van sy looptyd aan 'n pragtige instrumentale koda, met rustige kitaarakkoorde wat soos 'n sekuriteitskombers gedrapeer is oor angstig skommelende tromme. Soms wens ek dat die groep sulke oomblikke meer volledig in die liedjies wil integreer, maar miskien sou dit die delikate ewewig wat hulle blykbaar bereik het, te versteur. Tog floreer Deftones op spanning; daar is 'n rede dat geen van Moreno en Carpenter se neweprojekte, waar elkeen vry is van die ander se beperkende invloed nie, iets so resonants as die beste werk van hul hoofgroep opgelewer het nie. Moet nie verwag dat dit lank sal duur as hulle 'n afsetpunt bereik het nie. In April het Moreno regstreeks gestroom 'n DJ-stel wat ekstreme metal soos Blut Aus Nord gekoppel het aan elektroniese musiek uit die veld, soos Suicideyear; in Augustus het Carpenter aangekondig dat hy wil het 'n negende snaar by sy kitaar gevoeg . Koop: Ru handel (Pitchfork verdien 'n kommissie uit aankope wat gedoen word deur geaffilieerde skakels op ons webwerf.) Inhaal elke Saterdag met tien van ons beste beoordeelde albums van die week. Meld aan vir die 10 to Hear-nuusbrief hier . Terug huistoe
[]
https://paulroos.co.za/zest-fruit-gerrie-berner-toernooi-17-19-februarie-2022/
Zest Fruit Gerrie Berner Toernooi, 17 – 19 Februarie 2022 Die jaarlikse Zest Fruit Gerrie Berner Toernooi word vanjaar vir die sewentiende keer deur Paul Roos Gimnasium vanaf 17 – 19 Februarie 2022 aangebied. Paul Roos se eerste tennisspan het oor die jare hul staal gewys deur verlede jaar die titel vir die vierde agtereenvolgende jaar te wen deur Grey College in die finaal met 4 – 0 te verslaan. Paul Roos word verteenwoordig deur Ernst Gouws, Johan van Wijk, Stephen Claassen, Willem de Waal, Leonardo Sola, Echard de Kock en Jake Downie. Ernst Gouws is nommer een op die Tennis Suid-Afrika 0/18-ranglys. Die skole wat vanjaar gaan deelneem, is Paul Roos Gimnasium, Grey College, Waterkloof, Afrikaanse Hoër Seunskool, Kearsney College, Clifton High, Outeniqua, Oakdale, Hoërskool Stellenbosch, Hoër Jongenskool Paarl, King Edward School en St. Stithians. Zest Fruit word die afgelope 4 jaar as hoofborg met die bekende Gerrie Berner Toernooi, wat deur Paul Roos Gimnasium aangebied word, geassosieer. Volgens Freek Dreyer, Besturende Direkteur van Zest Fruit, is hulle jarelange assosiasie met die toernooi gekoppel aan PRG se toewyding tot die ontwikkeling van gehalte tennisspelers. Dit het hulle geïnspireer om die borgskap uit te brei en PRG-tennis as geheel te ondersteun en is hulle geëerd om met PRG-tennis geassosieer te word. Wedstryde sal gestroom word. Volg al die aksie op die SuperSport Schools toepassing wat gratis afgelaai kan word. Die amptelike pet-oorhandiging deur die Rektor, Mnr André van Staden aan die 1ste O/19 Seuns Tennisspan.
[]
https://www.lapa.co.za/dinge-wat-ek-nie-van-skape-geweet-het-nie
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik 'n skaap by 'n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op 'n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat 'n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om 'n skaap te steel. Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare 'n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander 'n vervelige rit deur die Karoo in 'n onvergeetlike reis ... Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak. Publish Date | 01 Apr. 2018 | ---|---| Format | Sagteband | ---|---| Taal | Afrikaans | ---|---| Skrywer | Jaco Jacobs | ---|---|
[]