title
stringclasses 11
values | author_name
stringclasses 7
values | author_birthdate
int64 0
1.89k
| author_deathdate
int64 0
1.97k
| author_alias
stringclasses 7
values | author_webpage
stringclasses 5
values | language
stringclasses 1
value | subjects
sequence | bookshelfs
sequence | created_at
stringclasses 11
values | downloads
int64 21
101
| content
stringclasses 11
values |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Boesman-Stories, Deel 3. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede | Von Wielligh, G. R. (Gideon Retief) | 1,859 | 1,932 | Wielligh, Gideon Retief von | https://af.wikipedia.org/wiki/G.R._von_Wielligh | af | [
"LCSH=San (African people) -- Folklore",
"LCSH=Tales -- Africa, Southern",
"LCC=GR"
] | [
""
] | 2020-12-10 00:00:00 | 73 | The Project Gutenberg eBook of Boesman-Stories, Deel 3. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Boesman-Stories, Deel 3. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: H. A. Aschenborn
Release date: December 10, 2020 [eBook #63998]
Language: Afrikaans
Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg (This file was produced from images generously made available by The Internet Archive)
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 3. DIE BOESMAN SELF, SY SEDES, GEWOONTES EN BEKWAAMHEDE ***
Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)
BOESMAN-STORIES.
Deel III.
DIE BOESMAN SELF, SY SEDES,
GEWOONTES EN BEKWAAMHEDE.
DEUR
G. R. VON WIELLIGH.
Geillustreer deur H. ANTHON ASCHENBORN, Stellenbosch.
ALLE REGTE VOORBEHOU.
DE NATIONALE PERS. BEPERKT. Drukkers en Uitgewers.
Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1921.
INHOUD.
No. Bladsy.
'n Paar Woorde vooraf 1
51. Klipgereedskappe 3
52. Uit die Geskiedenis 9
53. Die Boesman self 15
54. Die Boesman-taal 23
55. Huislike Lewe en Gewoontes 29
56. Godsdienstige Begrippe 41
57. Bygeloof aangaande seker Diere 49
58. Nog meer oor Bygeloof 59
59. Die Boesman as Kunstenaar 65
60. Die Boesman as Jagter 71
61. Die Boesman as Krygsman 81
62. Die Boesman as Bediende 89
63. Voortekens en Voorgevoel 95
64. Nog meer uit die Geskiedenis 101
65. Pyl en Boog 109
66. Hoe Boesmans Vry en Trou 117
67. Is Boesmans werklik so dom? 125
68. 'n Boesman is waarlik dapper 133
69. Hoe Boesmans verf maak 141
70. Kinders van die Natuur 147
71. Fyn Diefstalle 155
72. As Nood die Boesmans druk 161
73. Wat 'n Boesman alles kan doen 167
74. Wat 'n Boesman nie kan doen nie 175
75. Wat alles in voordeel van Boesmans is 183
'N PAAR WOORDE VOORAF.
Hierdie slag het ons die eer om Deel III van "Boesman-Stories" in
die hande van die Publiek te lê. Deel I het ons 'n insig gegee hoe
flou die godsdienstige begrippe van die Boesman is; in Deel II is ons
vergas geword op Stories wat enigsins die diepte van sy denkvermoë
peil. Dus, tot sover het ons hom met ons verstand gevolg.
Maar nou in hierdie Deel III en ook in Deel IV stel ons hom in sy
eie natuur kaal en bloot voor die oë van die leser. Ons sal hom in
sy tuiste en in die veld, as versorger van sy gesin en kunstenaar,
as jagter en krygsman, stap vir stap op die hakke volg. Dus, ons wil
nou met sy persoonlikheid en geaardheid kennis maak.
Die eerste twee Dele is dus Stories deur Boesmans vertel; die volgende
twee is Verhale omtrent Boesmans meegedeel. In die eerste geval was
die outa as Storie-verteller aan die woord: in die laaste geval is die
skrywer die verteller. Dus kan dit moontlik van ons verwag word dat
ons 'n meer verhewe skryfstyl moet aanpas. Dog na ons beskeie mening
sal ons afbreuk aan die egtheid van die materiaal doen om dit met 'n
vergulde nerfie oor te blaas. Ons het nou eenmaal met 'n eenvoudige
skryftrant begin: vergun ons dan ook om dit also te eindig.
In die eerste twee Dele het ons volkome vertroue op ons eie
aantekeninge gestel, en het dus vermy om gebruik te maak van
mededelings in druk, geskrif of mondeling: dog in die laaste twee Dele
moes ons in seker Hoofstukke (Deel III, om die skakels saam te knoop)
gebruik maak van geskiedenis en boeke wat ons by die geleentheid
sal aanhaal. Verder is ons baie dank verskuldig aan mnr. Emanuel
de Roubaix, van Roggeland, Nieuwoudtville, mnr. A. W. van Zijl, van
Klein-Breipaal, Kenhardt, en ds. W. S. Rörich, van Kroonstad (vroeër
van Namakwaland), vir hulle welwillendheid om ons bydraes te stuur,
waardeur hierdie werk sy oorspronklike karakter handhaaf. Ons reik
hul die hand van dankerkenning uit en gee hul 'n warme handdruk as
'n blyk dat ons hulle onselfsugtige medewerking baie hoog op prys
stel. Ieder se bydrae sal ons waar dit ingevleg is, spesiaal aanhaal.
In Jakob Platjie het ons reeds baie feite oor Boesmans meegedeel;
om daardie gegewens hier uit te sluit, sal ons die volledigheid van
hierdie werk nie reg laat wedervaar nie; daarom vul ons die nodige
besonderhede ook hier in.
Hierdie Deel is miskien meer van 'n wetenskaplike aard, so eenvoudig
voorgestel as dit in ons vermoë geleë is; dog die volgende Deel IV
is avontuurlik en minder so. Daarin kry ons te doen met gevegte met
en deur Boesmans, dan sal ons regtig leer wat in 'n Boesman sit.
Die Skrywer.
Kafferstat, P. K. Hendrina,
Transvaal, Julie 1919.
NO. 51.
KLIPGEREEDSKAPPE.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste
volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier,
omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen.
In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde
versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale
uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog 'n soort gereedskap te
hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee
die mens self hom moet verdedig--so het hy vereers vuursteen geneem
en dit reggekap om dit 'n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi
te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So
word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem.
Maar as 'n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk
oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het
na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om
'n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan 'n beter vorm,
sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak
word die Nuwe Steentydperk genoem.
Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie
ou gereedskappe van klip is onverganklik en is vandag nog te vinde,
en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige
tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou
gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip,
ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het,
is dieselfde as wat ons oupa's en grootjies vir hulle tonteldose en
vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie
soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei.
Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te
smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik
gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul
dan 'n harder metaal, brons, verkry. A, dit was 'n geluk! Hulle giet
toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle
verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm
gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al
'n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word
die Bronstydperk genoem.
Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns
om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te
bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak
word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog
in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom
bygedra het. Wat beteken 'n wêreld vir ons vandag sonder yster?
Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet
voortgegaan het nie! Die Egiptenare het reeds 4400 jaar voor Kristus
'n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en
bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte
versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe
Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde
nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar,
toe hy met Engeland in 52 v.K. oorlog maak, vind dat die Britte nes
Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die
Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse
kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe.
Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk--dit blyk uit die
maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog
daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en
beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd
nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het.
NO. 52.
UIT DIE GESKIEDENIS.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons
ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir
dr. W. H. I. Bleek se boek "Bushmen Folklore."
Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge
van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke
kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié
van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref--ja,
selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk
is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat
baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar
gemaak te wees deur 'n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar
is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika
agter wild rondgeswerf het.
Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot
gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente
uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand
se gesig baie duidelik kon afbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer
beter as die Egiptenare om 'n ding ver of na op 'n tekening te laat
lyk. Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar 'n
kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het 'n handelstog
na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan
inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy
'n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee
te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy
die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het;
en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk,
moet verklaar dat dit 'n ware Boesman is.
Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met
die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu
(Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe 'n groot handelsgeselskap na
die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die
Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy
het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat
sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het,
teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik,
is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur
te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit 'n
ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus,
die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf.
Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts,
hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans
begin toe die vee te steel en op roekelose wyse te slag, wat tot
gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor
die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword,
wat weer 'n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe
invloed uit op albei sprake--dié van die Hottentotte en die Kaffers.
Toe die blanke bevolking aan die Kaap 'n volkplanting kom aanlê,
het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot
Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt
van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal,
Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie.
Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat
die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot
hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom
kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het,
is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op
'n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om
'n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te
ver nie.
Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te
vang en te slag. Kommando's is teen hom uitgerus geword; en daar hy
'n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se
werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman
en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword.
Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so 'n voet voortgegaan
sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou
die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om 'n boerdery
mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog
albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en
toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het
probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer
volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies
en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke
grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om
Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op 'n mislukking
uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie,
en vermoor selfs die veewagters op wrede manier.
As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon
nie--die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare
deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie.
Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog
Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie
van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier
ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe
bevorder het nie.
NO. 53.
DIE BOESMAN SELF.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self
wat ons as Boesman ken.
Die Boesman noem hom in sy eie taal, Cham, of liewers gesê,
'Cham-ka-'kui (ka is se of sy, en 'kui man). Boesmanland noem hy
'Cham-ka-'au, en sy taal is 'Cham-ka-'kakken.
In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans,
naamlik van:--
Die Dwergies. Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het
hul 'n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van
Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur,
met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die
digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van die Boesmans van
Suid-Afrika: hulle praat 'n taal wat deur die gewone Boesman verstaan
word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde,
en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die
gewone Boesman. In 1884 het 'n reisende sendeling ons meegedeel dat
die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy 'n
paar na 'n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim
en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen
gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom,
waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan;
en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word
as 'n mens die Dwergies na 'n boom van hierdie soort sien hol. Wel,
hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy
mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer;
maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand
verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te
laat sterwe.
Die Vaalpens-Boesmans, of Vaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is 'n
baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny
ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy
liggaamsbou lank en swart nes dié van 'n Kaffer, dog in maniere,
geaardheid en taal is hy 'n ware Boesman; maar lank nie so skrander
en gesleep as 'n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van 'n swerfling
en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar 'n treurige menssoort en
lyk soos 'n hond wat nie 'n baas het nie--ja, hy sal selfs 'n volle
jaar werk om 'n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense
van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters.
Die gewone Boesmans. Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie
boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat
verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het 'n vuil, geel kleur
en het 'n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim--dus 3 duim langer as
die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in
klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder
die oë, terwyl hy 'n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy
oë is half toegeknyp, sodat hy deur 'n skrefie onder sy oorhangende
ooglid uitkyk--miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed
in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy
klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog
sal baie hom dit nie nadoen om 'n boogsnaar so ver na agter te trek
nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande
afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort
mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag,
maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is
so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat
'n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie--wat egter nie die geval
is nie: hy het deeglik onsigbare nate.
Sy oë is klein en bruin en besit 'n siensvermoë wat menige mens laat
verstom. As hy sy hand bokant sy oë hou om dié teen die skerp sonlig
te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy
is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye
betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit.
Die Boesman is by uitnemendheid 'n swerfling en 'n ontembare liefhebber
van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog
geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van
die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier,
aan die noorde van Damaraland.
In verstand is hy maar swak ontwikkel--lees en skrywe val swaar. Dit
skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net
woorde vir een, twee, drie--verder noem hy dinge met die woord baie
(of soos hy sê: "nie min nie"). Soos meeste barbare, loop hulle
nakend: die mans slaan 'n smal vel onder sy bene deur en bind dit
agter en voor aan 'n gordband vas, terwyl die meide 'n soort kort
velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra 'n karos of
velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms 'n slaapplek agter 'n bos,
dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte
gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik,
daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul
hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van
wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te
dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet,
gebruik hul 'n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met
ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë
doppe van volstruiseiers of in die pens van 'n geskiete springbok
of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere)
aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word.
Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is
verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister,
en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net
skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries
om klein wild mee dood te gooi, en sommige het 'n asgaai op een
of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met 'n
slinger te werp--soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die
boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan
hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie;
terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger,
moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy 'n mens
of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind
is hy minder gelukkig.
Sy voedsel bestaan byna uit enige ding--al wat hy nie eet nie, is wat
hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange,
akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit
die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis,
veldvrugte, wortels, uintjies en heuning.
As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die
bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie
opsig by hom ver kort skiet; en dan sal ons verstaan dat 'n Boesman
nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende
diere te vermy, of aan te val om hulle te dood.
Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy
geen wette nie--elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy
wet is: "Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek." Van
'n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur
dat die inwoners van 'n kraal die sterkste en dapperste man as leier
beskou of dat 'n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou
word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak
word, of as die klomp uit mekaar koers vat.
Omtrent hulle godsdiens sal ons in 'n ander verhaal vertel en sien hoe
flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot
hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in 'n woesterny
alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en
diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees?
Sommige persone wil beweer dat 'n Boesman nie 'n mens is nie; ons sal
net 'n paar vrae aan hulle stel: Het 'n Boesman 'n taal en kan hy
'n ander taal leer? Kan 'n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe
hou? Kan 'n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans
honde aan en bly die honde vir hulle getrou?
So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen:
"Watter dier nog kan dit alles doen?" En dan voeg Jakob Platjie daarby:
"Hoekom spook 'n Boesman as hy dood is?"
Die enigste huisdier wat 'n Boesman aanhou, is 'n hond.
NO. 54.
DIE BOESMAN-TAAL.
OPMERKINGS:--Ons sal maar hieroor 'n kort Verhaal skrywe;
want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde
lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige
informasie dank verskuldig aan "Bushmen Folklore" deur dr. Bleek
en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder
deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het.
As ons 'n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink
aan 'n geselskap paddas wat langs 'n watervoor sit koert en tong
klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: "Is dit nou werklik
'n taal in die regte sin van die woord?"
By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik 'n taal is,
waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die
werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar 'n
enkelvoud, tweevoud en 'n meervoud van selfstandige naamwoorde is. 'n
Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom
op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig
en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die
behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte klemtoon
op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte
plek van die mond te gee, anders kry dit glad 'n ander betekenis.
Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons
gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:--
1. Die gesmak-klik. Dit is die sagste van algar en word gemaak deur
die twee lippe op mekaar te plaas en met 'n gesuig skielik te
verwyder--nes met 'n soen.
2. Die sagte tandklik. Dit word gemaak deur die punt van die tong
teen die boonste voortande saggies vas te druk en met 'n suig
skielik weg te trek--nes ons maak as ons oor iets spyt of
jammer het.
3. Die sylingse klik word gemaak deur die tong een kant toe teen
die kieste te druk en dit met 'n suig skielik weg te ruk--net
soos ons maak om perde te laat trek.
4. Die keelklik word gemaak deur die tong bo teen die gehemelte op
te krul, met 'n trek skielik na agter--amper nes ons vir 'n
klein kindjie bang maak.
5. Die harde klik word gemaak deur die punt van die tong teen die
voortandvleis vas te druk en dan skielik weg te ruk--nes ons
vir 'n hen met kuikens roep.
Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:--
(a) Die keelklank, wat amper soos die Hollandse ch klink.
(b) Die sterk knorklank word laag in die keel gemaak en gaan nes
'n padda wat kwaak.
(c) Die swak knorklank word vorentoe in die keel gemaak--amper nes
ons saggies keel skoon maak.
(d) Die neusklank word deur die neus gemaak--nes in baie Franse
woorde.
(e) Musikale klank, wat 'n luidende toon aan die woord gee--nes ing
in Engelse woorde.
(f) Klemtoonklank, wat die regte klemtoon gee.
So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie.
Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie
genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee
nie--dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie
taal behoorlik te skrywe.
Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar
somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal
in geskrif te bring.
Hier gee ons 'n voorbeeld hoe Boesmans 'n selfstandige naamwoord
verbuig (volgens dr. Bleek):--
Enkelv.: Meerv.:
N. 'Kuiten (man). N. ''Eiten (manne).
G. 'Kuita (man se). G. ''Eita (manne se).
Vok. 'Kuwe (o man). Vok. ''Auwe (o manne).
Ak. 'Kui (man). Ak. ''Ei (manne).
Alt. 'Kuko (ander man). Alt. ''Ekuiten (ander manne).
Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat
hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul
nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe
nie--so besit hul 'n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie
gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront--want
dit moet van kinderjare af geleer word: 'n volwasse raak die taal nooit
grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid--wie weet hoe lank
dit nog kan duur?--vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders
wat die taal van die Boesman ken, 'n goeie akademiese opleiding te gee
om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer.
Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike
taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en
Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet
ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking
met vreemde stamme gekom het, en dat 'n Boesman in verbasende goeie
aanleg besit om 'n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die
ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is
in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag
nog opregte Boesmans vind.
NO. 55.
HUISLIKE LEWE EN GEWOONTES.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die
Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing.
Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin
nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het,
hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan
handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die
versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel
die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers--al groei
hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes.
Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet
van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net 'n dag van vandag en
bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel
daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal
ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder
murmureer daaroor doodtevrede wees--en hy is ook tevrede!
Skiet die vader 'n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie
meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan aan braai, hul eet
tot hulle middellyf op 'n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te
dans, of gaan slaap, om die braaiery oor 'n ruk weer te hervat en eet
dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op
is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van
die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het
eer 'n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar,
slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen
maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader 'n
kans vir 'n skot, dan waag hy dit. Is dit 'n raak skot, dan is daar
meer kos vir die volgende dag.
Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat
hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié
mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband,
aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou
eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp
hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie.
Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank
geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit 'n kleinigheid
vir 'n volwasse Boesman om die helfte van 'n groot emmer water uit te
drink, en 'n klein kindjie sal 'n paar bottel water soos niks uitdrink
nie. Hulle wag 'n rukkie en drink weer 'n goeie hoeveelheid water.
As 'n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene 'n entjie
van die deur van sy hut op 'n hopie gegooi. So het elke man in die
kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word,
word in die hol bak van die borsbeen van 'n volstruis geplaas. Is
daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en
daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen.
Maar het net een man van daardie kraaltjie 'n groot stuk wild geskiet
en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die
nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die
man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook
op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie
manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys.
Die boonste bladbeen van 'n springbok word nie op die beenhopie gegooi
nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen
die latte van die hut weggesteek--en wel in die hut van die man wat
die bok geskiet het.
As 'n Boesman 'n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy
stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor
'n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul
hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die
uitkyk na stof die eerste ding.
As Boesmans enige tyd op 'n plek gewoon het en trek dan weg om wild
of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul
bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en
wel in 'n lyn wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die
ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te
vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde
bossie word naby die ou plek geplant, die twede 'n bietjie verder,
die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word
'n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in
geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende
ook by hulle aan te sluit.
Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe 'n diep
gat waar water is; dan steek hul 'n uitgeholde riet in die gat regop
in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net
die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie
riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan
suig hul water met hul mond op en ledig dit in 'n leë volstruiseierdop
of in 'n leë springbokpens. Dus, as iemand water van 'n Boesman kry
om te drink, moet hy nie altyd vra: "Hoe het jy die water geskep?" nie.
Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie 'n voetpad
daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié
met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore,
sodat 'n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het
nie. Ook word op hierdie manier nie 'n voetpad veroorsaak nie. Die
volgende dag neem hul weer 'n ander koers.
As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal--vir 'n stukkie tabak
of vuurhoutjies is hy altyd gewillig--, dan stap hy nie direk in die
rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde
rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met 'n ompad
na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie
te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra
om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om
'n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters
uit sy jagveld weg te hou.
Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe;
maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke
met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte
van die grond--so gelyk asof daar nooit 'n put gewees het nie.
Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die
vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand
se pinkie van 'n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van
'n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie
juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur
dit ook dat 'n mooi meidjie--'n lelike na hulle beskouing nie--'n
gat deur haar neus kry; want dit sou haar met 'n ringetjie daardeur
nog mooier laat lyk.
Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en 'n heel
eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag
die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige
gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem
hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en
snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit 'n geraas nes 'n
droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels
van die mans vasgebind, sodat dit 'n geritsel kan maak as hulle hul
voete teen die grond stamp.
Ook maak die meide 'n tamboer van 'n pot en afgehaarde
springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en
dansmaat aan te gee--vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer
'n uitstekend goeie jag gemaak is.
Om die vuur is drie kringe:--In die binneste brand die vuur, en daar
word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak;
en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit
die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie
op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie
praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul
al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te
gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het,
gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets
oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van
die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en
plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis
oor die dag van môre en die toekoms nie.
Hoeveel 'n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is
seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons sal maar sy geliefkoosde
uitdrukking vir baie gebruik: nie min nie. Op die plaas Lemoenkop,
langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat 'n Boesman
met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot 'n ruk na sonop
'n springbok en 'n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David
Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar 'n kort
entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen
gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie.
Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse
maak; vir gare gebruik hul die senings van diere.
Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei--as
hul dit kan bekom--te smeer. In die spoelings van waterlope word
'n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer
hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster.
NO. 56.
GODSDIENSTIGE BEGRIPPE.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans
van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig
daarvan af weet.
Van 'n Opperwese, van 'n plek van Geluk of Straf het die Boesman
totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die
begin 'n ougeslag van Boesmans bestaan het--ander mense neem hy in
hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan
daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as 'Chwe-'na-ssho-'ke,
wat hul in enige dier, boom of mens kon verander.
In die begin was daar 'n skemering oor die hele aarde. Die son, maan
en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat
die son een van die ougeslag was, met 'n blink aangesig, dat die ander
manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders,
die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog
is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant
op en soek na sy lyf, wat in 'n krap verander het, tot die aand toe,
en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre--dag na dag--te
ontwaak. Die son-man was in sy dae 'n groot jagter, towenaar en man
van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het.
Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat
deur die Dwarrelwind ('n soort voël) die lug ingewaai het. Die son
wou die maan daar nie hê nie--so skiet hy stukke van die maan af,
tot die maan die fatsoen van 'n opgekrulde skoensool het. Die maan
het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde
maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan
weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die
krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer
plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie
lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer
op keer as hul sterwe--net soos die maan maand na maand lewendig
word. Dus was die Dood in die begin maar 'n tydelike slaap.
Dog die Dood--om nie weer lewendig te word nie--is deur die Haas in die
wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die
dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder
weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom
'n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê
die Maan: "Van nou af sal niemand weer lewendig word nie--net soos
ek--, maar algar sal baie lank doodbly." So het die Dood deur die
Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar
'n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het wat nog
altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie,
eet hul daardie stukkie vleis nie.
Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende
as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo
opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die
Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar
is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die
hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige
wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in 'n lied,
of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat
die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn
nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak;
dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou,
sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom,
naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook
gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van
prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die
hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook
met hul die somerwarmte kan meebring.
Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in
ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles
leef en slaap maar vir 'n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan
en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf
goed òf kwaad kan doen.
Bepaalde afgode ken die Boesman nie--daarvoor is sy begrip van
'n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van
die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery;
is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom
die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy
voel hom magteloos teen 'n donderstorm of verskeurende ongedierte wat
plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die
Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die
gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets.
As 'n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een
'n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille
van die gees wat daarin woon.
'n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die
"wegleggingsgebed" uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat;
maar wat daardie "wegleggingsgebed" eintlik is, kon hy my nie te veel
van vertel nie.
Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen
priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en
goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan
hul 'n grondige en verenigde opienie oor 'n seker leer of instelling
hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle
het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke
van hulle eie nie--dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog,
daar bestaan 'n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel
nie ontwikkel is nie. In hierdie opsig is hul amper 'n siertjie vir
die Kaffers voor, wat glad nie eens 'n woord vir God in hulle taal het
nie--in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woord Tixo vir God gebruik.
As ons van die Boesman se geloof praat, is dit amper beter om van sy
bygeloof te spreek--hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis
sal maak.
Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag
van 'n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen.
Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om
'n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik,
het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat
buite die jagveld geleë is, lê vir hom in 'n donker, mistige weer,
en dit val hom swaar om dit meteens te vat.
Maar op die jagveld kan ons algar lesse by 'n Boesman gaan neem. Daar
is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand.
As 'n Boesman hom by die stene van 'n graf van 'n vriend of famielielid
buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar
hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat
die gees in die graf hom hoor.
NO. 57.
BYGELOOF AANGAANDE SEKER DIERE.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe
wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat
dit amper net soos 'n soort godsdiens kan beskou word.
In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat
bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot
Waterslang begin:
Die Groot Waterslang het 'n skitterende en fonkelende steen op sy kop
en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy
luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder
die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die
fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van
die grond, sodat die jagters net nodig het om 'n vlak gaatjie te grawe
om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word,
waaruit die water met 'n hol riet gesuig moet word.
Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die
Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy
laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë,
waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer
te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel
en van alles wat hy kan doen.
Ons het 'n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang
gesien het. Op 'n plaas in die Piketbergse distrik het 'n man ons
'n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het
nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee
deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur 'n giftige slang
gebyt is, en 'n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek,
dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die
steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit
tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie--dus laat ons
die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882
deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is.
Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van 'n vinger,
en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders
wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip
(asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente,
maar is glad nie 'n skitterende steen nie--soos die Boesmans beweer--,
wat in die dag blink nes 'n ster en in die nag nes 'n kool vuur. Wel,
dis soveel as ons van die affêre af weet.
Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker
van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die
gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in
'n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in
'n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate,
en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die
bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen,
dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes 'n os met horings.
Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van
die ougeslag Boesmans. Vra 'n mens aan Boesmans hoe hul dit weet,
dan antwoord hul met 'n weervraag: "Waar kom daardie goed se sterkte
en krag dan vandaan?"
Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet
nie. Want 'n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste
geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke
en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie.
Die Boesmans vind die gebrom van 'n volstruis mooier as die gebrul van
'n leeu. Daarom, as hul 'n volstruis skiet, dan moet hulle kinders
die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak,
dan verloor dié hulle eienskap om die kinders 'n harde stem te gee. Dit
word by seker geleenthede gedoen.
Boesmans glo dat hul 'n uil kan betower en hom dan na die hutte kan
stuur om daar te hoe-ho en die dood van die ongewenste persoon aan
te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy
daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as 'n groot towenaar
beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken
hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as 'n uil buite in
'n boom skree.
As iemand 'n slang beseer, of selfs net die kop met 'n entjie lyf
afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig
aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het,
hy steek hom daar êrens in 'n hoekie of in sy kooigoed of in sy
velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook
'n Hottentot-bygeloof.
Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of
hul mag nie die vars bloed of vleis aan 'n boog, pyl of pylkoker laat
kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of
in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die
veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om
naby te kom nie--hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters;
ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af.
Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van
'n springbok nie: ander parte kan sy maar eet.
Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees
hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep.
Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide
gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat
die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker
stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene
wat van tyd tot tyd daar geval het.
Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul
'n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van
'n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis.
Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by
voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want
as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van 'n dier wat
baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy
die vleis van 'n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke
vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is 'n dier
wat snags nie slaap nie--dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan
gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir
daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug.
Wanneer 'n slang by 'n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en
nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat
daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie
afgestorwe persoon.
Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal
dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie.
Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans
gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog
as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die
swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir 'n Boesman wette kan
voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan 'n ander.
NO. 58.
NOG MEER OOR BYGELOOF.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die
bygelofies van Boesmans.
Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir
enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige
skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of
storms uitskel of met minagting behandel, bedryf 'n groot kwaad. Hy
glo dat die donderweer 'n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse
straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die
weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van
die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie.
Die wind word deur 'n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas
gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi,
of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die
maker van die wind laat 'n windstorm opkom om alles te verwoes en
uitmekaar te pluk.
Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand
hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit,
anders word die reën kwaad en roep 'n geweldige storm op, wat alles
laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die
veiligheid te bewaar.
As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy
bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die
weerlig of 'n swaarweersteen dood.
As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek
hul 'n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat
daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan
die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder
die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit
nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die
wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in
die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar
is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae.
Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie--daarom maak hy die
kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel
nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel--nes die
kinders van katte doen--, dan verander hul ook in wilde-katte--dus,
sodra hy sy kind met 'n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas
hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak.
Vir spoke is hy baie bang. Naby 'n begraafplaas kry 'n mens hom
nie in die donker nie. As hy meen dat hy 'n spook sien, trek hy
'n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg
so hard as hy kan. Hy vertel as die spook 'n bossie onderstebo sien
staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan
daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar
'n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg
en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy
sien dis maar alles foppery.
As 'n ster verskiet--vernaamlik as dit 'n lang ligtrein agterlaat--,
dan meen die Boesmans dat 'n bekende of 'n vriend sterf; die ster
wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul
lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding
'n paar dae daarna.
NO. 59.
DIE BOESMAN AS KUNSTENAAR.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy
verskillende kunsbedrywe volg.
Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as
kunstenaar glad nie 'n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy 'n
skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin
het hy 'n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde--dit wil sê,
om voorwerpe op 'n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy
aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word
deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans
met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers
met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word
op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur
aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met
'n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met
'n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en
bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring.
Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die
fatsoen van die liggaam van 'n dier taamlik getrou kan afteken, sodat
daaromtrent geen twyfel kan bestaan nie; maar die bene en horings
is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die
oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om
'n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis
natuurlik 'n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem
hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings
duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder 'n regte besef besit
van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel;
hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas
Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons
mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van
der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons
aandag op daardie inkrapwerk te vestig.
Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak
word, anders verloor so 'n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook
as 'n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die
Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min
toneeldansers wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof--hy is met sy
voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy
liggaam is hy amper so knap as 'n slang.
Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou
by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie
en is maar bra eentonig, dog altyd van 'n vrolike aard en bestaan
meestal uit riele, waarvan nogal 'n taamlike verskeidenheid bestaan.
Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou
kan naboots. Daar 'n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy
kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om 'n
lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy
beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle
naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op
hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op
sigself is ook 'n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer
dat sulke voortbrengsels al hulle krag by vertaling verloor, anders
kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees.
As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad
nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die
hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en
namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit--so moet ons hom
hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou.
Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond
of veld te vind, is hy bepaald 'n kunstenaar of 'n deskundige: die
geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan
vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees
het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en
hoe skrander in ander gevalle.
NO. 60.
DIE BOESMAN AS JAGTER.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal ontmoet ons die Boesman op
sy regte plek. Ons kan nie glo dat enige nasie hom op hierdie
gebied kan verslaan nie. Sy planne by die jag is onbegryplik fyn
en skrander. Iemand wat 'n Boesman nog nie in die veld sien jag
het nie, kan hom daarvan geen denkbeeld vorm nie.
Een voordeel besit die Boesman as jagter: hy is klein van persoon en
besit 'n paar oë om ver en raak te sien soos nog geen ander menseras
hom op kan beroem nie. Ook sy geelbruin kleur is tot sy voordeel;
want dit verskil min met die omgewing van die veld waarin hy sy
lewensbestaan moet soek. Van natuur is hy deur al die eeue heen so
gehard dat dit baie vermoeienis vereis om sy kragte uit te put--hierin
kom sy ligte liggaamsbou hom ook tot hulp. Sy uithoudingsvermoë
teen honger en dors, hitte en koue en die grootste ongeriewe oortref
ons verstand.
Sy ingeskape oplettendheid is sy onfeilbare gids. Sy soekende oog is
wakkerder as dié van die wakkerste jaghond. Hy het lankal opgelet dat
wild teen die wind op wei en dat wanneer hul verskrik word, hul teen
die windkoers trag te ontvlug. Wel, dit weet die ander jagters ook;
maar wat hy verder ag op geslaan het, is dat as wild twee stompe hout
gekruis oor mekaar sien lê, of 'n bos met sy wortels na bo sien staan,
of volstruisvere aan 'n stok gebind in die grond geplant, bemerk,
of soiets gewaar, dat hul dan nie so na aan daardie plekke wei nie,
maar sulke tekens op 'n afstand vermy. Ds. Rorich vertel:
"Gewaar die Boesman dat wild op 'n ver afstand wei, dan berei hy sy
jagveld deur twee rye van sulke tekens te maak. Die twee rye is so ver
van mekaar dat die wild tussen hul kan opwei. Is alles in gereedheid
gebring, dan gaan die jagters tussen die twee rye van tekens gate
in die grond grawe, waarin hul plat gaan lê, sodat die wild hul nie
kan gewaar nie. Ander Boesmans, ook sommige van die meide, stap in
'n bepaalde rigting om die wild, sonder hul skrik te maak, na die
jagters aan te keer. Hierdie verrigting vereis baie oefening en
oplettendheid. Die aandrywers vertoon hul op 'n afstand, sodat die
wild genoodsaak word om in die rigting te wei waar die jagters vir
hulle klaarlê. As 'n mens sien hoe knap dit uitgevoer word, staan sy
verstand amper stil.
Wei-wei kom die wild nader tot hul tussen die twee rye tekens
is. Die jagters wag tot algar 'n kans het of 'n kans kan kry. Uit
hulle wegkruipplekke vlie een pyl na die ander sonder gedruis deur
die lug en tref sy mikpunt. Die wild sien hoe van hulle maats spring
en spartel--so neem hul die vlug, dog verskeie van hulle het in die
slag gebly en val in die hande van die skrander jagters. Ieder man
se pyle is gemerk--dus weet hy watter bok hy vir hom moet toeëien.
Hierdie plan van aanval is nie die enigste kunsgreep waarmee Boesmans
hul bedien nie. Dr. Bleek vertel ons van ander planne, wat in sy boek
te vinde is.
Die springbok is die moeilikste wild om onder pylskot te kry--so moet
vir hom baie fyn planne gemaak word. So is die jagter verplig om hom op
een of ander manier te vermom en op 'n baie skelm manier weg te kruip.
Boesmans maak wat bekruipmusse genoem word; verder vermom hy sy
liggaam met vasbind van bossies om sy liggaamsdele, sodat hy presies
nes 'n bossie lyk. Daar wild fyn van ruik is, moet hy die windkoers
waarneem om altyd onderkant of dwars teen die wind te bly; want kry
die wild die ruik van sy vyand, dan neem hy die vlug.
Verder bedien hy hom van die velle van wild om dié om sy liggaam te
trek. So neem hy die afgeslagte vel van 'n volstruis en gord dit om
sy lyf; in die nek steek hy 'n stok, met sy hand kan hy die nek na
die grond toe laat sak of oplig--net soos 'n volstruis doen as hy
wei. In dié houding kom hy nader en nader tot hy die voëls of wild
onder pylskot het. Dog dit alles moet op 'n handige manier uitgevoer
word, daar wild ewe oplettend as sy vyande is; word die plan onhandig
uitgevoer, dan ontdek die wild die bedrogspel en neem die vlug. So kan
ons goed verstaan hoe die kinders in die ledige ure geoefen word om
sulke bedrywe knaphandig uit te voer. Dit leer hul as hul nog jonk is.
Daar die Boesman so gehard is en so baie vermoeienis kan trotseer,
so weet hy om hiervan gebruik te maak om sy uithoudingsvermoë te meet
teen diere wat nie water drink nie. Die springbok en die haas behoort
tot sulke diere. In tyd van droogte besit die plante nie baie sappe
nie--dus as sulke diere op die warmste van die dag vermoei word,
kry hul gou dors en raak dus kapot en gee in as die druk te sterk op
hulle kom. Dit alles verstaan die Boesman; hy sorg dat hy water by
hom het en begin sy agtervolgingshardloop na hy 'n seker bok vir hom
uitgekies het. Hy agtervolg die bok op die warmste van die dag. Hy
het die voordeel om soms 'n korter pad te hol as die bok met 'n draai
loop. Sodra die bok mislik word en tekens daarvan gee, weet die Boesman
dat die dier nou ingee. Spoedig oormeester hy sy stuk wild--maar
praat nie van sy eie vermoeienis nie. Watter mens sal dit nog vir 'n
Boesman nadoen? 'n Haas is makliker om op hierdie manier baas te raak,
dog ons, witmense, kan hierdie plan vir uitvoer maar uit ons kop laat.
Vir voëls word wippe en strikke van allerlei soorte gestel, ook
bedien hul vir hulle van die maak van vanggate deur 'n diep gat in
die grond te grawe, dit met latte, gras en grond te oordek; dus, as
'n dier daarop trap, val hy binne-in.
Meerkatte word gevang deur 'n ent van die gate af te gaan lê; sodra
die meerkatte gaan wei en op 'n afstand in die veld is, bestorm die
Boesmans die gate, stop algar behalwe een toe, dan gee hul effe pad;
die meerkatte bestorm die gate en wil by die een gat in, alwaar hul
gevang word.
NO. 61.
DIE BOESMAN AS KRYGSMAN.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal maak ons kennis met 'n gevaarlike
vyand, wat geen genade vra nòg genade verleen nie.
Een van die oorsake dat die Boesman-nasies so uitgedun is, is omdat
hy die lewe van sy vyande nie spaar nie; hyself, as hy in die hande
van sy teëparty val, smeek ook nie om genade nie en verwag om maar
die dood te sterwe.
Wat hom so 'n gevaarlike teëstander maak, is sy gevaarlike gifpyle:
'n skrapie aan die liggaam deur een daarvan veroorsaak, beteken
gewisse dood, tensy 'n teëmiddel vir die gif by die hand is. Dan
kom nog daarby dat 'n Boesman nooit sy teëstander op die oop vlakte
uit die vry vuis ontmoet nie, en dat hy so kan wegkruip en hom so
kan versteek dat hy totaal onsigbaar is vanwaar die gifpyle sy boog
verlaat, en misskiet is amper onmoontlik vir hom. Want hy waag nooit
'n skot nie of hy moet seker wees dat dit raak sal wees.
Ook 'n Boesman sal nooit weerstand bied as hy nie tevore 'n veilige
plek vir hom uitgekies het nie. Daarvoor sorg hy altoos. Reeds ver het
sy skerp oog sy teëparty sien nader; en as daardie een sy aanval begin,
dan het die Boesman lankal sy posiesie ingeneem. Nou kan iemand hom
voorstel watter kanse daar bestaan om Boesmans in berg- of rantveld op
die lyf te loop; want hy kan wegkruip beter as enige dier dit kan doen.
Ofskoon die Boesman die witman met jagplanne ver uitstof, is die
witman tog sy moses om krygsplanne te maak--dis te sê, as die Boesman
nie meer agteruit of vooruit kan nie. Maar solank dit nog nie die
geval is nie, dan is dit makliker om 'n voël in die lug te vang as
'n Boesman in die berge of tussen skurwe rantjies.
Die eerste wat die teëstander aan dink, is om hom teen die gifpyle te
beskerm. Hiervoor word verskeie planne by die hand geneem. Een is om
harde, rou beesvelle vir skilde te gebruik: stokke word aan die vel
gebind om dit stewig te maak en daarmee te dra. In die vel word smal
skietgate gesny--net dat die tromp van die roer daardeur kan en dat bo
nog 'n smal skrefie is om deur te loer om korrel te hou. Selfs hierdie
skietgat is gevaarlik. 'n Ander persoon of ander persone as die skut is
die skilddraer om die skild versigtig voorwaarts te dra. Dan, 'n vel
moet dik en sterk wees as hy bestand is teen die skerppuntbeenpyle:
so 'n pyl kan 'n dun vel gemaklik deurboor, en die Boesman weet waar
te mik, daar die een wat hom bespied, noodwendig voor die skietgat
moet staan om te loer. In sulke gevalle word dubbele velle gebruik.
Het die skuts geen velle meegebring nie, dan word groot bosse latte of
gras styf vasgebind, en die skut rol dit voor hom uit; maar dit is maar
'n gevaarlike onderneming; want die skut moet sy kop oor die bondel en
daarlangs uitsteek om korrel te vat, en dan het die Boesman al lankal
sy korrel geneem. Om te beproef of dit gewaag is om die kop agter die
bondel uit te steek, probeer die skut eers om sy hoed op 'n stokkie uit
te lig; sodra die hoed sigbaar word, vlie daar pyle deur; dit herhaal
hy om die Boesmans hulle pyle te laat vermors. Dog as die Boesmans
sien dat die hoed steeds sy verskyning maak, weet hulle somar dat dit
'n foppery is; want sy skerp oog het die pyl deur die hoed sien gaan
en sy fyn gehoor het die pyl hoor klap. So spaar hy verder sy pyle,
en al hou hy net een pyl oor, dan nog is hy net so gevaarlik asof hy
met 'n koker vol pyle sit. En glo daardie een pyl gaan hy nie somar
vermors nie: hy hou dit as dit 'n kwessie van lewe of dood word.
Soms gebruik die geweerskuts 'n ander krygslis deur 'n klomp beeste
tussen hul en die Boesmans vas te keer. Op hierdie manier kan hul
vir hulle agter die beeste wegsteek en rondskuif, sodat dit vir die
Boesmans moeilik word om presies te weet agter watter beeste die
geweerskuts is. Op so 'n wyse kry die aanvallers beter kanse om op
die plekke te skiet vanwaar die pyle kom. As die son laag sit, kan
'n mens die pyle teen die son verby sien trek, dog as die son hoog
in die lug is, dan is soiets haas onmoontlik; dus is die kuns ook om
uit te vind van watter plekke die pyle kom.
Dit gebeur soms dat Boesmans hulle veediefstalle op die oop veld
voortsit, en dat hul op die kaal vlakte ingehaal word. In sulke
gevalle het hul hulle agtervolgers ver sien aankom en maak dan gate
in die grond om 'n verdedigende houding aan te neem. En daar is hul
net so gevaarlik om uit te haal as in die kliprantjies. Want solank
hulle agtervolgers nie onder pylskot is nie, sal die Boesmans geen
geleentheid aanbied om een roerskot op hulle af te vuur nie. En kom
die agtervolgers onder pylskot, dan weet ons wat dit beteken.
Met Kaffers is die geval anders. Hulle kry orders om die verskansings
van die Boesmans lewendig of gewond te bestorm. Wie val, val--maar
vir die Boesmans moet hul gaan doodsteek. Kafferhoofde gee geen rep
om omtrent die lewe van hulle krygsvolk nie; so het by voorbeeld die
Soeloekoning Tjaka orders aan sy krygsvolk gegee om ongewapend 'n leeu
te gaan vang en dit lewendig by hom in die kraal te bring. Hoeveel
Kaffers so 'n leeu eers doodbyt voor hul hom in hande het, is hom
onverskillig. Dog hul moet hom lewendig bring.
Wat die Hottentotte betref, is hul amper net so gevaarlik om teen
te veg--dus is dit te begryp dat die twee partye--Boesmans teen
Hottentotte--taamlik onder mekaar gemaai het. Hierdie voordeel het
die Hottentotte aan hulle kant: hulle is beter georganiseer en kan
dus met groter mag gesamentlik optree.
NO. 62.
DIE BOESMAN AS BEDIENDE.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman
vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en
nie so onbekwaam is nie.
Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom
uitmaak nie. Eendag sê 'n man aan ons: "Arrie, 'n Boesman kan 'n
mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie,
dan mis jy hom darem."
Boesmans wat in die wildernis onder 'n vrye lug en in 'n vrye natuur
gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van
beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase
vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan 'n
uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het
vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was
nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee
tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool,
ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter
het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel;
want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg.
Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref--maar dan moet die
baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie.
Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense
van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van
sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van
die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat
die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as
'n Boesman 'n seker leeftyd--nog maar jonk--bereik het, dat hy 'n
vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te
sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op 'n Boesman rus,
hy langer bly, daar sy vrou liewers 'n stiller lewe wil voer as om
in die woeste met haar kinders rond te swerf.
Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk
drank word. Vir 'n pruimpie tabak sal 'n Boesman ver uit sy pad
gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het
en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat
daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat
vir dronkenskap tereg--dis te sê as hul daardie maand nie reeds
in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir 'n
Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry,
en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak
is geen hoeveelheid tabak bepaal nie--net soos dit op is, dan kom jong
of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit.
Winkelklere hou vir 'n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd
daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere
meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het--regmaak of
lap is net verniet.
As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal
nie 'n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die
trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde
om vir hom te jag--so neem hy altyd 'n hond met hom veld-toe--dis te
sê as hy een het of kan kry.
Maar ook vir plaaswerk van 'n ligte aard is hy ook handig. Hy is
'n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig--sowel
leier as ploegsterthouer.
Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om 'n Boesman sy
volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel
kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van
hom nie--hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer
te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net 'n seker taks; want by
eet en drink het dié nasie geen maat nie.
Deur hulle van kleins af te oefen, kan 'n mens hul leer om sindelik
en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle
klere is as 'n meid kan dink om te wees.
NO. 63.
VOORTEKENS EN VOORGEVOEL.
OPMERKINGS:--Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels
aan dr. Bleek se boek "Bushmen Folklore."
As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis
of 'n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan
wees--ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of
kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As
sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die
ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. 'n Droom
is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie:
op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as
daar mense en besoekers vir hom aankom.
As die eeld van 'n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een
se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: "Loop kyk of oupa
nie aankom nie."
Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: "Daar kom iemand
aan."
Waarop hulle pa sê: "Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis
die merk van 'n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as
ek julle dinge vooruitvertel nie."
As die een weer 'n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en
sê: "Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op
hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop
uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want
hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg."
'n Ander man roep uit: "Ja, toe, kinders, loop kyk!"
As 'n Boesman 'n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit
voel, dan is dit 'n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal
afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat
hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap.
As hy 'n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die
springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die
bok wat hy dra.
Die ander Boesmans stem in en sê: "Ja, broer, jy praat reg."
As hul 'n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: "Hier kom
springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die
bossies laat kraak."
As hul 'n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: "Ek voel hoe ons die
horings van die springbok gaan afkap."
Voel hul 'n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe
wat op die gesig van 'n springbok is.
As hul 'n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat
bo die oë van 'n springbok is.
Vir 'n volstruis is die gevoel 'n gekriewel op die kop; dit beteken
die goggas wat op 'n volstruis se lyf rondkruip.
In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus
neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: "Nou
slaap die Boesmans--daarom sal ons maar naby gaan."
Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel,
dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul
nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te
lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild
gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die
wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om
te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie.
Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en
gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die
bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die
een wat die voorgevoel gehad het.
NO. 64.
NOG MEER UIT DIE GESKIEDENIS.
OPMERKINGS:--Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik
is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het;
en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig.
Die Denkvermoë van 'n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as
dié van 'n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag-
en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by 'n Boesman gaan
les neem. Hy het nie 'n naam in sy taal vir 'n getal hoër as twee nie:
as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is
twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee,
sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop
sonop-toe, twee lê en een staan onder 'n boom.
Maar met dit alles is hy tog 'n tekenaar wat kunstige prentjies op
die rotse kan afskilder, of met 'n harde klip daarop inkrap. Nou,
ou Ruiter, 'n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van
die prentjies en inkrappings briewe is--ander is somar tekeninge. Nou,
as daardie prentjies briewe is, dan is hul van 'n soort soos kinders
aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe.
Nou, die ou Egiptenare het ook 'n manier gehad om in tekenskrif te
skrywe. Maar die ou Egiptenaar was 'n hoog ontwikkelde man, en dus kan
ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem.
Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan
het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie
orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle
ooit in beskawing gevorder het.
Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig
het--van 'n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken
is--, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van
die Boesman uit te ken en te ondersoek.
Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou
nasies vertel.
Ons het reeds geluister na hoe die Farao's van Egipte 'n dwergnasie
geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie
tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde
jare voor die Farao's die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in
Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op
verskeie plekke te vinde en te sien.
Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir
honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier 'n menssoort gewoon
het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges
besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde
Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie
gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die
gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en
dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit
net 'n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die
tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en
Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel
as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika
was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie.
Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die
ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen
waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is.
In die jaar 1884 ontmoet ons 'n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer,
Transvaal, gewoon het. Hy het by hom 'n ouderwetse stuk klipgereedskap
gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem
(of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so 'n tamaai
asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets
daarmee dood te gooi.
Sy antwoord was: "Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate
vir wild te grawe." En na 'n rukkie vervolg hy: "Ons, Boesmans, het
nie soveel krag in ons arms om 'n ding met 'n stomp klipasgaai dood
te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer,
dan sit hy gou op sy hurke."
Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur
die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd
vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het
nie--soos b.v. die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander
plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom
het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in
hande moes kry--en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad.
Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige
seker honderde jare oud is--dis te sê as ons oordeel na die dik lae
stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot
tyd gegroei en vergaan het--vernaamlik te oordeel na die dik bome
wat bo-oor gegroei het.
So is--jare gelede--op Mosselbaai in 'n spelonk 'n groot hoop
skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het
dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is.
Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is,
is te vinde op die linkerwal van 'n spruit wat in die Buffelsrivier,
Oos-Londen, loop. Die hoop het soos 'n klein heuweltjie gelyk, wat
bedek was met 'n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei
het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke
jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was
om 'n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword,
en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat
swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek
geword nie.
Nou, as ons 'n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar
baie vrae in ons gedagte op--soos, hoeveel jare het dit geneem om
soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die
dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om
daarop te ontwikkel?
In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref
waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild
en potstukke te vinde is.
NO. 65.
PYL EN BOOG.
OPMERKINGS:--In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons
mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville,
verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het--wat toe al
83 jaar oud was.
Die wapen waarop 'n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog
word van 'n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit
gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem
'n lat van omtrent drie en 'n half of vier voet lank. Die stuk hout
moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits--met verdrag--na
die punte toe, dog in die middel bly dit oor 'n duim dik. Na hy dit
mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die
vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam
is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die
boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie.
Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan--solank as
dit nat is--'n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die
een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van
'n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout
vas, en dan is die boog klaar.
Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak;
want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been
of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van 'n
bottel of 'n stuk hoepel gebruik het--dis te sê, waar hul dit op die
lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is
soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort
het 'n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel
en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander--soos glas
en vuurklip--word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die
pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl--om dit
reguit te laat trek--bind hul 'n veer met senings vas, sodat die
pyl daardeur 'n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die
harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal 'n skerp beenpunt.
Nou ontbreek die gif nog.
Soos ons gesien het, het die Boesman oor 'n baie groot oppervlakte
gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op
'n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op
'n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat
b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te
kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende
soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk
dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel.
Daar is 'n gifbos wat die plantkundiges die Acocanthera venenata
noem. Mnr. Smith vertel ons dat die Boesmans die hout van hierdie bos
neem, dit stukkend stamp, in 'n kleipot plaas om met water gekook
te word. Solank dit kook, moet 'n deksel op die pot bly, want die
wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en
toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en
gekook tot net 'n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman
daarmee na 'n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng
die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit 'n taai, bruin
mengsel wat die kleur van bywerk het.
Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe 'n ou Boesman,
Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle
bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de
Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:--
"Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was
sterk--want ek het met my eie oë gesien dat 'n springbok, net deur
die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie
gebeur het nie as 'n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy
eenvoudig gekook van die gifbos se melk.
"Die gifbos groei maar op 'n paar plekke, nl. soos kort bokant
Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is 'n plekkie
tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word;
die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die
gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag
voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp dorinkies en is daarby
vol senings net soos die blaaie van turksvye.
"Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk
van hierdie gifbos smeer.
"Die oumense was erg bang vir die gifbos--daarom het hul die kinders
ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te
kom nie."
Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus
hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van
seker soort slange--nie alle soorte nie--gebruik om hulle pyle mee te
vergif. By soiets is daar altyd 'n seker mate van geheim by sonder om
eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang
moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook
sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees
nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of
dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel
en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê:
'n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery.
As die wildding dood is, dan is die eerste wat 'n Boesman doen as hy
daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg
te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het
wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis 'n lawwe smaak het.
Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit
wel giftig as dit in die bloed van 'n wildding of mens kom; maar hulle
verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom.
Dit is ook 'n bekende feit dat 'n hond wat deur 'n giftige slang
gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later
gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas
was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as 'n slang hulle byt.
NO. 66.
HOE BOESMANS VRY EN TROU.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie vertel ons wat mnr. W. A. van Zijl,
van Klein-Breipaal, Kakamas, ons meegedeel het, verder wat ons
van Boesmans self verneem het.
Daar die Boesmans ver uit mekaar woon en hulle nie bepaalde wette
het nie, is dit maklik te verstaan dat b.v. die Boesmans van die
Kalaharie ander gebruike het as die Boesmans van Transvaal, die Karoo
of Boesmanland.
So vertel mnr. W. A. van Zijl ons dat in Boesmanland, as 'n jong
Boesman op 'n jongmeid verlief is, dan moet hy 'n vet springbok gaan
skiet; hy bring dit na die plek waar die jongmeid woon en plaas dit op
'n klein afstand van die pondokkie.
Die volgende dag moet hy weer 'n ander bok gaan skiet; hy bring dit
dan weer na dieselfde plek waar hy die bok van die vorige dag gesit
het. Lê die eerste bok nog daar (omdat die ouers van die meid dit nie
kom haal het nie), dan is dit die vaste teken dat die meid hom nie
wil hê nie, en hy kan maar die twee bokke vir homself hou en wegneem.
Maar as die eerste bok weggehaal is en hulle kom die twede een ook
haal, dan kan sy hart maar gerus wees en hy kan die meid kry. Want
hiermee het hy getoon dat hy 'n man honderd is, wat 'n vrou kan kos
gee. Die grootste plegtigheid by die bruilof is dans en vleis-braai,
eet en musiek-maak.
Die seremonies van trou is heel eenvoudig. Die bruidegom gaan met een
aan ieder sy in 'n ry staan. Die bruid insgelyks staan met 'n meid
aan ieder sy regoor, dan dans hul 'n paar slae heen en weer, en die
hele plegtigheid is oor; dan kan die braaiery en dansery maar begin.
By ons het 'n ou Boesman met die naam van Ruiter gewerk. Weens sy
swakker liggaamsbou kon hy met die ander volk nie saamwerk nie en wou
nieteenstaande dieselfde huur ontvang. Ons het hom naderhand laat
loop. Dog in dié tyd het ons hom gevra om saans vir 'n span tabak
aan ons stories te kom vertel. En dit kon hy net goed doen.
Soos hy ons beduie het, is hy aan die kant of grense van die Kalaharie
gebore. Met strooptogte op vee van die trekboere uitgevoer, is hy
op jonge leeftyd in hande van Boere geval en het van een baas na die
ander getrek, en so het hy min of meer half-beskaaf geraak; maar sy
Boesman-nukke kon hy maar nie laat staan nie--so was hy al baiemaal
in die tronk. Wel, sy storie oor hulle manier van vry is soos volg:--
'n Boesman neem maar een vrou en nie so baie as 'n Kaffer nie. Hy
gaan tot 'n huwelik oor as hy twintig jaar is of soms jonger. As hy sy
hart op 'n jongmeid gesit het, dan gaan hy daar kuier. Met sy aankoms
daar groet hy almal vriendelik en gaan naas die jongmeid sit en begin
somar 'n lewendige gesprek. As die jonkman vir die meid aanstaan,
dan staan sy op en bring vir hom iets om te eet of te drink. Na hy
hom uitgesels het, staan hy op, stel hom ewe kwaad aan en stap weg
sonder om iemand te groet. Hieruit moet die jongmeid en die geselskap
opmaak dat hy van nou af 'n vaste vryer is.
Hy bly dan vir 'n lang tyd weg en maak eindelik sy verskyning
weer. Almal is bly om hom te sien, en hy neem dan sy sitplek naas die
jongmeid, en die ander klomp bedien die twee. Hy bly dan die aand daar;
en al wat die jongmeid doen, is om sy bed op te maak en stap dan weg.
Maar wee die jonkman as hy binne die ses maande nie kom nie; dan
betower die ouvolk 'n uil, wolf of jakkals om daar by die jonkman se
huis in die aand allerhande nare geluide te maak. Het die jongkêrel
'n suspiesie, dan bly hy binne in sy pondok of strooihuis en gaan
dan die ander dag teen-toorgoed haal wat sterker is as dié van die
ouvolk en vernietig dan die krag daarvan. Maar staan die jongkêrel
onbedag op om te gaan kyk watter goeters sulke nare geluide maak,
dan val hy op die plek dood as hy buitekant kom.
As die jongmeid van die begin af van die jonkman nie gehou het nie,
dan bly sy nie naas hom sit nie: sy staan op, stap weg en gaan op
'n ander plek sit; dan moet hy weet dat sy kanse maar sleg staan.
Mnr. Jan Gey het aan ons vertel toe hy aan die grens van die Kalaharie
sy veepos gehad het en sy vee daar aan die sorg van getroue Boesmans
oorgelaat het, het hy altyd gesorg dat die jong Boesmans jonk trou;
dan bly hul daar, sorg vir hulle vrouens, en is dan glad nie so
rondloperig nie.
Die Boesman is baie aan sy vrou en kinders geheg. Hy sal die grootste
ongeriewe deurstaan om kos en water aan hulle te verskaf. Die vrou
daarenteen help ook kliphard om veldkos vir haar gesin te verskaf. Was
dit nie dat hul mekaar so getrou bystaan nie, dan kon so 'n swerwende
nasie in die woestyn nie vir duisende jare bestaan het nie; hy is
wreed teenoor ander, maar teen sy gesin is hy die opoffering self en
stel sy lewe vir hulle in gevaar.
NO. 67.
IS BOESMANS WERKLIK SO DOM?
OPMERKINGS:--Hoe meer ons die Boesman bestudeer, hoe groter
raaisel word hy vir ons.
Ons is almal daarmee eens dat 'n Boesman baie fyn jagplanne kan
maak--meer so as enig ander nasie van die wêreld; maar dan weet ons
ook dat niemand daarin geslaag het om 'n Boesman goed te leer lees
en skrywe nie. Sy taal is eenvoudig, tog vervoeg hy sy werkwoord net
so goed as 'n Hollander of Engelsman kan dink om sy eie werkwoorde
te vervoeg. 'n Jong Boesman leer 'n ander taal praat met verbasende
snelheid. Sy tekeninge is so duidelik dat daar geen twyfel kan ontstaan
watter dier of mens daarmee bedoel is nie. Van klei kan hy enige dier
of mens namaak en tog kan hy nie tel nie, terwyl aan die mens tien
vingers gegee is, wat ook kan gebruik word--en wat al die nasies van
die wêreld gebruik het--om te leer tel.
Omdat hy nie diep oor iets kan redeneer nie en omdat hy hom nie in
ernstige gedagtes kan verdiep nie, is sy begrip van godsdiens baie
oppervlakkig--so het dit by ons al 'n vaste uitdrukking geword: Hy
is so dom as 'n Boesman; sy verstand is so kort as dié van 'n Boesman.
Maar is hy nou so dom in alles?
Sonder gereedskap kan die beste ambagsman nie werk nie. En hoeveel
ambagsmanne--ja, hoeveel van ons--is daar wat ons eie gereedskappe kan
maak? Die kuns is om sonder gereedskap te werk. Ons het kraalsnoere
van volstruiseierdoppe gemaak gesien en het enkele in ons besit wat
'n Boesman sonder gereedskap gemaak het. Ons vertel wat oom Jan Visser
aan mnr. E. de Roubaix meegedeel het hoe die krale gemaak word:--
"Rondebout (die Boesman) en van sy maats het ek sien krale maak van
die doppe van volstruiseiers. Die dopstukkies word geslyp tot hulle
rond is en die grootte van 'n hempsknopie het; dan word 'n gaatjie in
die middel geboor en is dan gereed om ingery te word. Die Boesmans dra
soms lang stringe van hierdie soort krale om hulle arms en bene--net
soos Kaffers glaskrale dra."
Dan, weer, het ons kieries met 'n knop gesien wat Boesmans sonder
die hulp van 'n staalmes bewerk het en het daarop met 'n draadjie
en kooltjies vuur diere uitgebrand wat baie duidelik en natuurlik
was--vernaamlik 'n bont tier en slange met hulle skobbe en dubbele
tonge. Ons is seker dat baie van ons wat ons so slim hou, die Boesman
dit nie sou nagedoen het nie. En wie het hom dit geleer?
Mevr. Jacob de Clercq het ons vertel dat haar vader 'n Boesman gehad
het wat by hulle groot geword het. Hy het al sy eie musiekinstrumente
ewe kunstig gemaak. Daar het dit nie by gebly nie, maar hy kon daarop
gesangetjies en liedjies speel; maar om te leer lees of spel of iets
uit die hoof leer--so ver kon hul hom nie bekwaam nie: Sy vertel,
toe die eerste kettingsteek-naaimasiene uitkom, het hy op sy eie
manier so 'n speelgoed-masien nagemaak. Hy het te danig 'n begeerte
gehad om smidswerk te leer, en het toe by 'n smid in Natal gaan werk;
hy was daarin net knap; en toe hy die ambag enigsins goed verstaan het,
loop hy weg, sodat niemand weet waarheen hy gedros het nie.
Selfs met 'n eenvoudige sikspens-knipmes kan 'n Boesman kunstige
werkies verrig. Ons het gesien 'n nek en kop van 'n viool wat 'n
Boesman van kareehout uitgekerf het wat glad nie in vertoning vir
'n ingevoerde een hoef agteruit te staan nie.
'n Ou vrind van ons het ons vertel dat sy buurman, mnr. Prinsloo,
in die ou dae 'n watermeultjie gehad het om koring mee te maal. Sy
meulenaar was 'n Boesman wat hy klein gevang het en van sy ouers
ontvang het, daar kos toe skaars was. Die Boesman het alles van malery
geleer. Hy was ook met 'n makgemaakte Boesmanmeid getroud. Albei het
'n goeie en sindelike opvoeding gekry en het in 'n kliphuis met deur
en venster daar by die meul gewoon. Dit het soms gebeur dat die malery
langer ophou as verwag is, dan het die ou Boesman die witmense na sy
huis genooi om koffie te drink of 'n stukkie te kom eet. Sy oumeid
was skoontjies aangetrek; die tafellaken was so wit as sneeu; wat
daarop staan, blink; en die borde, messe, vurke, lepels en kommetjies
is wat hul spesiaal vir witmense gehou het.
Dus sien ons hieruit dat as 'n Boesman van kindsgebeente reinheid
geleer word, hy ook sindelik kan wees en dat hy vir hom in muurhuise
goed tuisvoel.
Dis verder 'n bekende feit dat die Boesmans nooit geploeë of gesaai het
nie. Wel, meneer Louw Prinsloo het in die vroeë dae naby Chrissies-meer
op die Hoëveld van Transvaal gewoon. Hy vertel dat hul wilde Boesmans
wat vee gesteel het, agternagesit het. Aan die bopunt van Soetoerivier
kry hul die woonplek van die Boesmans; en daar het klein tuintjies met
mielies gestaan, terwyl in die hele omgewing geen blankes of Kaffers
gewoon het nie. Wild het toe al skaars geword, en die ou spreekwoord
sê: "Nood leer bid,"--so het die Boesman hom verplig gevoel om ook
mielies te saai--miskien meer met die doel om dit groen te kook of
te braai.
NO. 68.
'N BOESMAN IS WAARLIK DAPPER.
OPMERKINGS:--Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix
soos deur oom Jan Visser aan hom vertel.
Ou Oom Jan Visser--nou 83 jaar oud--vertel die volgende ware
gebeurtenis:--
"Sestig jare gelede was ek 'n jongeling van drie-en-twintig jaar
oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien,
gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld
tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras
en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se
veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by
'n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer
van 'n groot meer water 'n pan.--Die Skrywer.]
"As 'n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan
lyk die ander kant somar hier naby. Maar moenie glo nie! Jou gesig
word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien 'n mens êrens in die pan
'n groot wit ding wat so groot vertoon as 'n boerbok; maar loop hy
daarheen, dan vind hy niks meer as 'n murgbeen van 'n bees nie.
"Op 'n warm dag--as die warm lug oor die grond flikker--, dan
vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat
groot kabbelings maak. Maar dit alles is 'n lugverskynsel, wat ons
opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry;
en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so.
"Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons
'n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard;
want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies
te sien was, was net twee skrefies--hoewel hy baie beter kon sien as
ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie.
"'n Geslepener skelm, 'n fyner leuenaar en 'n deurtrapter dief ken ek
nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies),
vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle
pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand
hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of
ander tyd 'n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste
en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik
is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op
'n ander plek was as dié waar die goed gesteel is--alles om te staaf
dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie.
"Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase
so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende
en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af 'n hasie agter
'n bossie sien lê, of 'n koraan in die laagte sien staan, of 'n pou
daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in
'n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader
en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al die
tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die
arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom;
want mis-skiet ken die ou Boesman nie!
"Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die
warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies
die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die
bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan,
begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos 'n slang
op die grond seil en gaan dan tot 'n vyftien tree of so van hulle af,
kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat
'n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie.
"Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is 'n plek met die naam van
Omdraaivlei; daar was 'n ander staning. Op 'n seker dag het daar op
Omdraaivlei 'n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar
'n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop.
"Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie
lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel
nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit
na die smous toe om tabak te gaan koop.
"Omtrent halfpad staan 'n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom
ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die
een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie
sy pyl en boog by hom gehad nie, nog minder vuur of 'n ander wapen
as net sy twee-voet-lank kierietjie.
"Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom 'n entjie
nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu
bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die
leeu 'n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot
staan bring. So het hy 'n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan,
spring hy regop in die lug, gee 'n geweldige skreeu en klop hard en
geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en
wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir
die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En
na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom
my vader roep om die leeu te skiet.
"Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het
meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel
was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat
Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik 'n baie
nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie,
dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe."
Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer
vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf
hoor. Ongetwyfeld was hy 'n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld
was hy 'n held.
In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van
sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk
dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie.
NO. 69.
HOE BOESMANS VERF MAAK.
OPMERKINGS:--Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle
skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms
hulle lyf skilder.
Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die
skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder
te verbleek of af te reën--hoe maak hul die verf? Nou, as iemand 'n
bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom
dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom
of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar
pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref
word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan
word 'n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te
krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat
net 'n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit
'n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So
'n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik.
Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur
mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken.
Oom Jan gaan voort om te vertel:--
"Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T'korgas se
Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel,
swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net
watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot
tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers
daardeur; nou is dit stof.
"Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t'kouboom se olie,
net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder.
"Die t'kouboom tref 'n mens vandag nog in groot menigte aan in die
sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke
langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het 'n dik stam
en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van
'n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit 'n
frankbitter smaak.
"Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te
stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom
se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam
met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit
gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op
'n klip val, maak dit 'n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg
oor jare daarna somar sal uitgaan nie.
"My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf
geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar
op harde klip behou dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery
het dit moeilik gegaan om 'n skaafplekkie aan die tafel te kry--dis
ongetwyfeld, dié soort olie is goed.
"Rondelyf het nog 'n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet
en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars--so vat hy soms
in plaas daarvan kors, of gom, van die t'kooibos. Met hierdie soort
verf het hy soms sy hele liggaam besmeer--tot selfs sy bakkies. Dit
het 'n mooi donkerbruin kleur.
"Die ajoos is 'n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland
word 'n paddastoel duiwelsbrood genoem.--Die Skrywer.] Maar waar die
duiwelsbrood die vorm van 'n hoed of sambreel het, het die ajoos die
vorm van 'n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word
hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne
vol van 'n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak."
Tot so ver het oom Jan vertel.
Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie,
of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans
gebruik om hulle wange mee bruin te skilder--soms word hulle gesigte
nogal taamlik bont daarmee geverf.
Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte
tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was
die antwoord: "Dit hou die vel koel en as ons dit na 'n tyd afwas,
dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld
brand die son ons heeltemal bruin." Dit was natuurlik die geval waar
die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom
nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant.
Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans
teken die Kaffers altyd swart af--daarvoor gebruik hul potswartsel;
vir Boesmans gebruik hul meestal bruin--daarvoor gebruik hul bruin
potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik
hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons
skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts
ontleen is. Soms vind 'n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf
hiervan word op seker plekke gegrawe.
NO. 70.
KINDERS VAN DIE NATUUR.
OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal deel ons 'n paar gevalle mee
hoe onverskillig 'n Boesmans die erns van die lewe kan opneem:
plesier is sy grootste ideaal.
Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die
plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom
beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak.
Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy
honger het nie; en as hy sy bekoms aan 'n maal het, dan wil hy dans;
en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd
staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste
van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste
te kom dans--net soos die ou Farao's van Egipte gedoen het om hulle
dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans.
Sê die oubaas: "Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die
aasvoëldans,"--dan lyk 'n aasvoël 'n mooi bog om beter rond te spring
en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan
kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is
as dié van 'n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die springbokdans
uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos 'n gomlastiekbal
in die lug, skynbaar sonder 'n been, arm of spier te beweeg--want
springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk.
En as 'n klugspeler en nabootser het 'n Boesman nog nie sy gelyke
gekry nie.
Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry
nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie,
veldvrugte of uintjies--alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak
nie.
Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle
hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle
wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op
die lyf wat vir 'n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg
om matig aan te gaan en 'n stukkie vir die dag van môre opsy te sit
nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit
dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor:
"Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad."
As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg;
en wat doen die Boesmans?
Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog 'n kind was, kom
daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie,
Middelburg, Tvl., is) 'n ou Boesman en sy meid; hulle plaas 'n klein
meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat
om tog maar die meidjie vir 'n jong os te ruil, daar hulle baie honger
ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so 'n jong kind nie ontvang nie;
dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies,
gaan 'n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind
met 'n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie
vind nie--so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy
het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie
Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword.
Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet
in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons
vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:--
Oom Jan Visser vertel: "Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die
Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag--kort voor sononder--'n klomp
Boesmans teen 'n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om
iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf
weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig
is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke
gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes 'n
klomp bobiane wat kos teen die rant soek.
"Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan
rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed
dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit
ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die hele
nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die
musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het,
wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel is
Die Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer
so: Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!--dit word oor en oor herhaal.
Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die
poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste
gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens
anderkant Kenhardt aan 'n dam te gaan werk. Maar voor hulle die
werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie
ingevlug.
"Toe ek 'n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy
het gewoonlik die hoepel van 'n vat geneem en rond gebuig dat dit
so groot as 'n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy 'n stok wat
as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die
pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan 'n nat
haarafgemaakte vel van 'n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel
en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie
snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van
die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy
'n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes
'n drie-snarige ghitaar.
Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser--ja, wat vang kinders nie aan
nie! Ek het geleer om Die Bontperd te speel, dan dans ou Rondelyf
voor my en skoffel dat die stof so trek."
Tot so ver die verhaal van oom Jan.
'n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand--al
was dit maar vir 'n oomblikkie--'n plesier-plek by te kom. Ons weet van
'n geval waar 'n smous 'n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil
het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder,
die bokooi, te gaan opsoek. 'n Boesman bied sy dienste aan om die jong
springbokkie vir 'n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom
dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na
sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy
sy lyf dan oor 'n sopie so moet pla, antwoord hy: "Baas, 'n dag se
swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig
maak." Die smous het egter 'n span roltabak by die sopie gevoeg;
en meer voldaan en opgeruimd--toe die sopie begin te trek--het ons
'n skepsel nie gesien nie. Met so 'n beloning sal hy nooit staak nie.
Oom Piet Smit het 'n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape
in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag
verlaat, dan kry hul die volgende dag 'n afgedankste afranseling. Maar
daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers
wat op 'n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te
gaan verruil.
Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans
net deur hul met 'n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan
moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van
tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry.
NO. 71.
FYN DIEFSTALLE.
OPMERKINGS:--Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn 'n Boesman
kan steel sonder uitgevind te word--maar baiekeer loop hy hom
tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is.
Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie,
nl. dat 'n Boesman 'n gebore dief is. En tog sit in so 'n algemene
verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed
aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas
nie? Ons was in 'n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: "Nooi,
ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te
steel as ek by jou drank uitkom nie." En die huisvrou het ons verseker
dat nie 'n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit
te veilig onder slot gehou het nie.
Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons
deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:--
"Eenmaal het 'n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee
kom gewoonlik oor 'n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle
lêplek toe. As 'n haas oor die veld loop, kan 'n mens hom sien. Wel,
soos gewoonlik kom die vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte
wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by.
"Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe
word bevind dat een aan die getal kort kom.
"My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: 'Dis baie snaaks dat
net een skaap aan die getal ontbreek--een skaap sal mos nie afdwaal
nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan
die geilsiekte dood.'
"Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul
om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen
paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort
blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in 'n droë bos
snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit 'n droë kraalbos is
wat iemand in 'n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit,
loer in die gat--en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis,
behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus
in die gat sorgvuldig versteek.
"'Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,' roep
my vader uit. 'Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,' sê hy
toe hulle huis-toe stap.
"Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande
agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin
vas te draai. Want 'n Boesman moet 'n mens gou op die lyf loop om
hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie.
"'Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar
op die kaal vlakte gevang sonder dat 'n mens of die twee wagters jou
gesien het?' vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld
gaan aandraai. 'Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore
en vingers in die skroef af!'
"Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel
dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met 'n bossie op sy
kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van
die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar
binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van
die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat
gesleep. Die skape om die gat het wel 'n bietjie geskrik; maar dit doen
hul heeldag as hul op 'n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was
alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters
geweet het dat daar iemand en 'n skaap binne in die gat gewees het.
"Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my
vader het hom 'n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van
'n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars 'n week gehelp,
dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf."
Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die
binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad
het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en 'n Boesman
het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook 'n getroue ou Boesman,
ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk.
Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, 'n vet koei; die vleis moet in
die nag in 'n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander
dag makeer 'n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die
oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op 'n wonderlike manier,
vind hul uit.
Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas 'n koei gaan
slag. In die nag het een in 'n boom ver van die huis geklim en nes 'n
jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde
jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol
na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander
Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in;
dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman
sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie.
NO. 72.
AS NOOD DIE BOESMANS DRUK.
OPMERKINGS:--Hier gee ons 'n paar voorbeelde hoe ver nood iemand
kan drywe.
Die boesman, as kind van die woestyn, het 'n harde stryd teen wilde
diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van
bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging.
Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit
is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders.
Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan
meedoen nie as die nood hul dryf om te trek--ja, na 'n veraf geleë
streek te trek?
Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl,
Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: "Die wilde Boesmans
het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood
hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat.
"Die eerste manier is om 'n kliphok om die swakke en oue van dae
te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir 'n geruime tyd te
dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot
oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om
die ou skepsel teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy
binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om
deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word.
"Die twede manier is: Hulle grawe 'n diep ronde gat regaf--natuurlik
waar geen klippe te vinde is nie--, plaas die ou daarin, en ook kos
en water, maar dan vir 'n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom
voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met
vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf
in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan
verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou
kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe.
"Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van
ouderdom of dors, dan maak hul 'n langwerpige hol plek in die grond,
lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood
is--nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie."
Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel.
In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans
verseker geword dat hul altyd 'n kliphok, waar klippe te vinde is,
en 'n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die
agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm.
Dit alles lyk wreed; maar 'n Boesman het ons die vraag self gestel:
"Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma koelbloedig te vermoor as
daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle
te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame--en wat word
dan van die Boesman-nasie?"
Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons
eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl
'n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat
nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan
die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat 'n knaagdier is, maar
verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie,
terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie,
maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit
'n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers
vis as onrein beskou, maar hulle sal 'n jakkals eet. Baie mense wil
nie wild eet nie of dit moet 'n luggie hê.
Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie--hy eet wat voorkom,
soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms
en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles--as dit net nie
doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van
die woestyn het hom daartoe gedwing--net soos ons in die geskiedenis
lees dat as 'n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger,
dan het die mense net alles geëet en gedrink wat 'n Boesman eet en
drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot
die ander, en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as
die Franse.
Deurdat 'n stomp pyl--soos dié van 'n Boesman--nie deur die dik vel
van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te
skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns
goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te
gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe.
NO. 73.
WAT 'N BOESMAN ALLES KAN DOEN.
OPMERKINGS:--Ons noem hier enige feite wat 'n ander nasie moeilik
'n Boesman sal nadoen.
Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit
'n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar
dat hy van so 'n geval nie weet nie. As 'n Boesman eenmaal op 'n plek
gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander
oord reguit met 'n onbekende pad na die plek toe loop--al was dit
in die donker. In hierdie opsig is hy net soos 'n posduif wat oor
honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie.
So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy 'n jongeling was, het by
sy vader 'n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad
om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande
weg was, kom op 'n goeie dag een van die ou se kinders aangestap--hy
het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie
beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop;
en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en
reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad,
het baie honger en dors gely, en is deur 'n streek gegaan waar leeus en
wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy
enigste antwoord: "Ek weet mos waar oubaas woon." Wel, sou 'n kind van
twaalf jaar van 'n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende
weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis
deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat?
Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te
agtervolg--wat beteken dat hul 'n harder natuur besit as 'n dier. So
skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan
Visser aangeteken het:--
"My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te
spoor--en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny
beter as 'n gewone hond en kon beter sien as 'n aasvoël uit die lug;
want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby
het hy 'n groot stuk wêreld in 'n omsientjies kon afdraf sonder enige
tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm
is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By
hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet.
"Hy was 'n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy
in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans."
Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker
opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis
goed verdra. Selfs die spelonk waarin hy woon, het 'n walglike walm
wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so
'n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede
die lewe moet voortsit, dan lê almal binne 'n week of so plat aan
die koors.
Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is
sy skuilplekkie in 'n renerige nag of dag net om te troos, maar nie
om die instromende water uit te hou nie--en tog weet hy van geen jig
of inflammasie nie.
Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan
maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:--
"Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op 'n afstand is,
kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al
wat hy moet doen, is om 'n bossie op sy kop vas te maak om sy swart
hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf
dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die
bok te kom as hy verkies--net, hy moet onderkant die windkoers bly,
sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg
hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op 'n afstand tussen
vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom,
maar die pyl moet 'n seker distansie trek om sy snelheid te kry."
Iets wat 'n Boesman ook beter as 'n ander kan doen, is om weg
te kruip. Eens het ons 'n plaas gemeet waar twee Boesmantjies
kalwerwagters was. In 'n grasvlei het ons 'n vlag gesteek en het die
Boesmantjies belet om met die kalwers naby die vlag te wei. Hulle
het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur
die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en
ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al
drie stap daarheen--maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om
kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet
nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake
omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar
weer rondspeel.
Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om
in 'n minderheid teen 'n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat
om sy grond vir so 'n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense
te verdedig. Eenmaal het 'n ou Kaffer op die westelike grense van
Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:--
"My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak
die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!--nee,
my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke
die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom;
maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete
is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe."
Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die
wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee
van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy
die lewe van ander in 'n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As
daar maar 'n dosyn vegmanne in 'n bergstreek woon, dan is dit nie
elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in
die woestyn gaan agtervolg?
Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van
volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg;
want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:--
"Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in
volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op
sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te
gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom
as die wind hul in die duine oopwaai."
Ja, en ons wonder hoe water wat solank in 'n eierdop gestaan het,
moet smaak!
Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat
haas ongelooflik is, en sal aantoon wat 'n Boesman nog meer kan doen.
NO. 74.
WAT 'N BOESMAN NIE KAN DOEN NIE.
OPMERKINGS:--Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds 'n
raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer,
hoe raadselagtiger is hy.
As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag
versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en
ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman
hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min
verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal
geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal
daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe
eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van
die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as
'n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem,
sal hy dit wel leer; maar meng 'n spul silwergeld, soos trippense,
sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en
vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om
die waarde daarvan op te gee nie.
Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur--hulle verkies
dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie.
Ek het eenmaal 'n Boesman gehuur wat 'n hele ruk op Kimberley gewerk
het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar
tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom
kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand--ek wys hom op my
vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: "Nee, baas, ek het nog
altyd op Kim'ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke
vinger 'n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by
baas mooi werk; so nie, dan gaan ek 'n ander baas soek." So het ek hom
vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand
gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand
kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet.
Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook
al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry
nie--hy meen dit moet 'n ryk man wees wat alles besit en oor algar
baas is. Hy vertel toe:--
"Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor
ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal
vergeet om aan ons te vat as ons self 'n mannetjie is wat met 'n kierie
'n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by
die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom
waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die
derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is
dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne
saam, die veldkos is ons syne saam, die water is ons syne saam; en
wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou
en kinders, ons hond en gereedskap--daar moet 'n ander die pote van
afhou: dis ons eiendom--nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?"
Hieruit is dit duidelik dat 'n Boesman nie kan regeer nie en is self
moeilik om te regeer--mits 'n mens sy maniere goed bestudeer en hom
daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi.
Om 'n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons
persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die
somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te
luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom 'n begrip te gee hoe
die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer,
en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: "dis tog te
swaar om te leer," het hy gesê, en so was die skoolganery op 'n end;
terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne 'n paar maande uit sy boek kon
lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het
vir Hans as 'n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp.
In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense
Sendinggenootskap aan Sakrivier, Boesmanland, 'n sendingstasie aangelê,
met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te
bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste,
skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans
na Blyde Vooruitzigt--soos die naam van die sendingstasie was--te
lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer
beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde
lewe die toevlug geneem; want werk--soos Hottentots en Kaffers by
sendingstasies--wou hul nie.
Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat 'n tyd onder die witmense gewoon
het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners
is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit
skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:--
"Die Boesman se geaardheid is nes dié van 'n wildehond. As hulle vee
gesteel het, dryf hul dit op 'n draf vinnig weg tot by 'n ruie plek
of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee,
voor die voet op 'n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van
ons doodgemaak--so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit
vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe
en vergaan; môre doen hy weer dieselfde."
Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin
van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings
afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly
nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak
om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so 'n oorvloed
van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle
uit sy oordaad laat bly--die wolwe en jakkalse kan ook maar snags kom
bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne--hy
is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets.
Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink;
want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen
het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te
beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van 'n lae, gesonke
mensheid in een geslag 'n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van
een geslag op na die volgende.
En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang
vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd
hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in
erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om
dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder.
NO. 75.
WAT ALLES IN VOORDEEL VAN BOESMANS IS.
OPMERKINGS:--Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om
die bestaan van Boesmans vir soveel eeue--nee, duisende jare--te
waarborg.
Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir
duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat
geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe
om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies
het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare,
Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse,
Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en
het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek.
Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike
geboorteland van die Boesman, dit weet ons as 'n onbetwiste feit dat
Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn,
het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman
die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel.
'n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild
is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees
nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir 'n jagter
opgelewer, sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai
nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê
dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg.
Op hierdie manier het hy verkies om in 'n lui-lekker-land te woon. Daar
is niks verédelends in jag nie--dit beteken die vermoor van onskuldige
lewens; en om 'n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir
die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid
verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel;
want 'n redelose dier, soos 'n leeu, kan ook jag en genoeg vind om
van te lewe.
Dan is dit 'n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die
geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as 'n minder geskikte. Die
geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder
geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op
die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan
hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net
soos die veld te laat lyk--dié vader bring 'n kragtiger famielie op;
terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens 'n vrou kan
kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen
die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie 'n
swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd
geskik is.
Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot
sy voordeel is.
Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop
gelet dat daar 'n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in
die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en
opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê
dat al wat 'n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat
deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond.
Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae
van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter
en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak
en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed
voedingskrag op 'n seker deel op te gaar. Wie 'n Boesman ken, weet
dat 'n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet
ons die tekenaar nie blameer nie as hy 'n Boesman net so afteken as
hy in die natuur is.
Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie
so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal
in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig
nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter,
moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal;
dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te
kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as 'n vèrkyker is. Hy het dus
die voordeel van 'n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies,
omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk.
Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is
ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat 'n kind in 'n dag afmaak,
probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg
gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van 'n kind, en staan dan
verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar
nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers
onder hulle is ook die beste jagters--dus: die beste versorgers van
hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag
onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde
en resiesperde.
Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is
persone met 'n vaste liggaamsbou en 'n gemiddelde grootte van ongeveer
ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak
nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar
gee hom vee om mee te werk, of werk van 'n minder vermoeiende aard,
dan is hy daar tuis net soos enige ander.
Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het,
is dat daar selde of nooit 'n getroude meid gevind word wat nie 'n
aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk
dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die
verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van
die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir
hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil 'n Boesmanmeid liewers 'n
Hottentot of Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale
gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van
dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is
in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy 'n seker
mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar
eie nasie te verstoot en haar met 'n vreemde nasie te vereenselwig.
Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk
te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die
redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar
noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte
duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 3. DIE BOESMAN SELF, SY SEDES, GEWOONTES EN BEKWAAMHEDE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Boesman-Stories, Deel 1. Mitologie en legendes | Von Wielligh, G. R. (Gideon Retief) | 1,859 | 1,932 | Wielligh, Gideon Retief von | https://af.wikipedia.org/wiki/G.R._von_Wielligh | af | [
"LCSH=San (African people) -- Folklore",
"LCSH=Tales -- Africa, Southern",
"LCC=GR"
] | [
""
] | 2020-06-06 00:00:00 | 79 | The Project Gutenberg eBook of Boesman-Stories, Deel 1. Mitologie en legendes
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Boesman-Stories, Deel 1. Mitologie en legendes
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: R. F. Keet
Release date: June 6, 2020 [eBook #62330]
Language: Afrikaans
Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg (This file was produced from images generously made available by The Internet Archive)
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 1. MITOLOGIE EN LEGENDES ***
Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)
BOESMAN-STORIES
VERSAMEL DEUR
G. R. VON WIELLIGH,
Oudlandmeter-Generaal van die Z.A. Republiek.
DEEL I, MITOLOGIE EN LEGENDES.
Tekeninge deur R. F. Keet.
Alle regte voorbehou.
Drukkers en Uitgewers: DE NATIONALE PERS, BEPERKT.
30 Keeromstraat, Kaapstad,
Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1919.
INHOUD.
No. Bladsij.
'n Paar Woorde vooraf i
1. Hoe Boesmans Stories vertel 1
2. Nag en Duisternis en hulle drie Dogters 9
3. Die Berge is die oudste Dogter 17
4. Die Wind en die Windvoël 25
5. Die Weerklank of Echo 31
6. Die Vlaktes is die tweede Dogter 41
7. Die Vuur en die 'Nu-Fees 47
8. Die Opgewing of Lugspiegeling 53
9. Die Waters is die jongste Dogter 59
10. Die Reënbees en die Bobiaan 67
11. Die groot Waterslang 75
12. Die Son is die Kop van Danser Vuurman 85
13. Die Maan is die Skoen van die Hotnotsgod 95
14. Die Sterre is Kole en As 101
15. Die Hamerkopvoël en die Paddas 107
16. Die Uil en die Muise 113
17. Die Reënboog 119
18. Die Hotnotsgod en Bobiane baklei 127
19. Die Meid van die Waters 137
20. Die geniepsigheid van die Skilpad 143
21. Die Môrester is die Hart van Dageraad 149
22. Die Aandster is die Oog van Aandskemering 161
23. Dampertjie en Spuitertjie skiet met Weerlig 169
24. Die Diere vra om Kos en Water 177
25. Boesman-Gebede 185
Naberig 193
'N PAAR WOORDE VOORAF.
Ons het tans die eer om Deel I van ons versameling van Boesman-Stories
die geëerde Publiek aan te bied, met die hoop dat ons val in die
arms van billike beoordelaars. Want om so 'n versameling bijeen te
bring vereis meer geriewe as waaroor ons tans beskik. Ons kan slegs
aanbied wat opoffering, tijd en geduld ons in die hande gestel het,
daar 'n ieder oortuig is dat goeie Boesman-storievertellers reeds
baie uitgedun is.
As kind het ons vir die eerste maal in 1870 met Wilde Boesmans kennis
gemaak; want dit was in daardie tijd dat ons met ons vader 'n reis
deur dele van Namakwaland, deur Boesmanland en die Hantam onderneem
het. Saands, en ook gedurende die dag, het baie van die oudjies bij
ons wavuur kom aansit om te gesels. Daar was toe nog baie van hulle
wat net van die jag op die ope gronde geleef het. Vir 'n geringe
vergoeding was hulle te gewillig om aan die kleinbasie stories te
vertel wat ons met ope mond en ore ingedrink het.
In 1876 tot 1878 het ons met opmeting van gronde verskeie
Boesman-veewagters in die Karoo ontmoet; dog dit was nie voor twee jaar
later dat ons regtig die saak in groter erns opgeneem het nie. Want
dit was in 1880 tot 1883 dat ons 'n Landmeterskantoor op die dorp
Calvinia geopen het. Die opmetings van gronde het ons weer terug
na Boesmanland en Agter-Hantam gevoer, alwaar ons baie geleentheid
gekrij het om aantekeninge te maak.
Aangesien die Boesmans nie as 'n georganiseerde nasie leef nie--sonder
burgerlike of kerklike ontwikkeling--, is dit maklik te verstaan
dat hulle oorleweringe uiteenlopend is. Om hierdie rede kan ook nie
verwag word dat hul hulle stories presies eners sal vertel nie. So
sal ons baie lesers vind wat sal sê: "Ek het die Stories, soos hier
neergeskrijwe, anders hoor vertel." Met dit voor ons, het ons 'n Storie
net so neergeskrijwe as 'n Boesman ons dit op sij gebrekkige manier
vertel het. Vind ons dan later 'n goeie verteller, dan herhaal ons die
Stories aan hom en vra hom wat hij daarvan afweet. Dit het ons geluk
'n paar uitstekende vertellers langs die Hartbees- en Hantamriviere
te ontmoet, en wat ons hier meedeel is mees die vrug wat ons bij
hulle kon insamel. Sommige van hulle was met die Kalaharie goed bekend.
Ons behandel in hierdie Eerste Deeltjie verhale omtrent die
Boesman-Godeleer (Mitologie) en enige Sprokies (Legendes). Om die
leser nie daarmee te verveel nie, gee ons vereers 20 Stories. Dan
hoop ons in Deel II "Diere-Stories," soos deur Boesmans vertel, mee
te deel. Deel III sal ander vertellings behels. Ons stel ons dus voor
om, net soos met die "Diere-Stories" deur Hotnots, 60 sulke verhale
te gee--dan sal die publiek al taamlik moeg van ons wees.
Uit die Boesmanversameling sal dit duidelik blijk dat daar wel deeglik
digterlike sin en verhewenheid van gedagtes in sekere mate bij die
Boesmans bestaan. Sommige dinkbeelde is treffend in woorde uitgedruk;
so sê 'n Boesman b.v. eens aan ons: "Baas, watter nuws bring jij vir
ons? Goeie en slegte tijding is nes die wind wat van vér af kom--dit
bring die heerlike en slegte geure met hom saam."
So ver ons uit die verhale opmaak, bestaan onder die Boesmans geen
bepaalde, uitgewerkte stelsel van godsdiensopvatting nie. Dit kan ook
nie anders nie; want onder hulle bestaan geen erkende priesterstand
nie. Iedereen het sij eie begrip oor die mag van goeie en slegte
geeste. Hulle glo dat daar eers 'n flouw lig bestaan het voor die
Son gekom het. Die ougeslag of voorgeslag kon hul verander net soos
hulle wou. Die Son, Maan en Sterre word tesame met die Hotnotsgod
('n sprinkhaansoort) vereer. Die bestaan van dinkbeeldige Diere
(Geeste) word erken en hulde toegebring. So word reën deur die
Reënbees gemaak, fonteinwaters deur die groot Waterslang met die
steen op sij kop, wind word deur 'n Voël gemaak, ens. Hulle glo in
'n opstanding van die afgestorwene, en glo dat die dood later deur
'n Haas in die wêreld gekom het. Hulle begrip van opstanding ontleen
hul aan die Maan, wat ieder maand sterf en weer herleef.
Met die skrijwe van hierdie "Boesman-Stories" het ons die gedagtes
van die Boesmans in ons eie woorde vertolk; want as daar 'n nasie
is wat omslagtig in sij manier van vertel is, dan is dit seker 'n
Boesman: hij kan een en dieselfde ding oor en oor herhaal, wat vir
die wetenskaplike ondersoeker van belang mag wees, maar voorwaar glad
nie vir gewone lesers nie. Daarom het ons 'n eenvoudige taal gekies
om die Stories in te vertel.
In Europa en Amerika word tot nog vrugtelose pogings aangewend
om gewilde en ingrijpende "Diere-Stories" te skrijwe; hier in
Suidafrika het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeuwe
gelede uitgewerk. Al wat ons te doen het, is om die rijk oes in te
samel. Maar in plaas van dit te doen, is dit ou nuws vir ons, en
so nou en dan verskijn daar 'n Storie in 'n koerant of tijdskrif,
terwijl die gros aan die golwe van verslindende Tijd oorgelaat word
om spoedig die versluierde diepte in te stort. Waarvoor ons nageslag
ons nie "dankie" sal sê nie.
DIE SKRIJWER.
Hendrina,
via Estantia-Stasie, Tvl.,
21 Aug. 1918.
DIE KONINGIN VAN SKEBA.
Die Egiptiese Koningin Hatshepsu het meer as 1,500 jaar voor die
geboorte van Christus regeer. Sij het 'n gesantskap met skepe na die
Landpunt (Skeba) gestuur om daar skatte te gaan haal om 'n tempel vir
haar god Amon-Ra te bouw. Die skepe het drie jaar weggeblij en het
goud, edelgesteente en speserije gebring. Die Koningin van daardie land
het self oor land gekom en nog meer skatte saamgebring. Hatshepsu het
die tempel toe te Deir-el-Bahri nabij Tebe in Egipte gebouw. Ter ere
van die optog van die Koningin van Skeba het Hatshepsu 'n tekening
in die tempel laat afskilder en dit is vandag nog te sien. As jij
eendag die geluk het om dié tempel te besoek, let op na die postuur
en kleredrag, na die klein handjies en voetjies, die plat neus en
kroeshare van die Koningin van Skeba. En wie sal nie sê nie: "Dis
'n uitgeknipte Boesmanmeid"?
Hatshepsu het begin te regeer in 1552 voor die geboorte van Christus
en Salomo in 977 voor die geboorte van Christus, dus was die Koningin
wat Salomo besoek het, 'n ander persoon.
NO. 1.
HOE BOESMANS STORIES VERTEL.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is nie juis 'n Boesmanstorie nie;
maar ons kan die Stories beter vat as ons met die omgewing, en die
omstandighede waaronder hulle vertel word, bekend is. In hierdie
geval verbeel ons ons dat ons met ons ouers en die vee daar vèr
in Boesmanland in die trekveld langs 'n kolk water is. Ons trek
bestaan uit 'n tentwa, waarnaas 'n groot gerieflike matjiesgoedhuis
staan. Die huis lijk net soos 'n groot miershoop van 8 of 10 voet
hoog, die geboë raamwerk is met matjiesgoed-matte oordek. In die
dag is die huis lekker koel; as dit reën dan swel die matjiesgoed
en word potdig.
Kort voor sononder roep ons pa: "Toe kinders, daar kom die vee
werf-toe, loop help met die boklammers!"
Dit was glad nie nodig om dit aan ons te sê nie; want ons is reeds op
'n draf na die vee se lêplek toe. 'n Bok is mos 'n snaakse dier--die
ma hou haar onnosel asof sij nie haar eie lam ken nie. So hol sij
van een lam na die ander, en die lammers weer hol van een ooi na die
ander--en moenie praat van die gebler wat intussen plaasvind nie. Ons
outa Bamboes maak nooit met 'n lammetjie fout nie--daarvoor is hij
te oplettend; en as ons nog abuis het, dan grijp hij die lam uit ons
hande en sê: "Maskas, basie, julle sien dan al aande die lammers en
julle ken hulle dan nog nie? Is julle dan net so dom as die bokke?"
Outa Bamboes se ou meid is ook bij, en so neem dit nie te lank nie
of ieder lam het sij moeder, en ons stap gesels-gesels terug na die
wa toe.
Nou begin ou Bamboes bij ons te pamperlang en sê: "Toe, mij basies,
toe tog, as-jou-blief vra tog aan die oubaas om vir julle outa en ouaia
'n stukkie twak te au" (gee).
Ons hol dan vooruit wa-toe en vra vir pa, wat net van die beeste af
kom, net soos outa ons dit voorgesê het.
Waarop pa antwoord: "Is dit al weer so? Sê julle vir ou Bamboes en
sij oumeid, die tabak groei nie op mij rug nie. Hulle moet stadig,
stadig, die tabak is amper op."
Maar tog, pa gee vir ieder 'n span tabak en sluit die tabakrol weer
in die wakis toe.
Blijhartig hol ons die twee oudjies ingemoet en oorhandig die
kosbaarheid aan hulle. Dadelik is daar 'n gesoek na die ou knipmes,
ieder snij 'n slaaitjie (pruimpie) af, wat verder aan die sorg
van hulle kieste toevertrouw word. Die owerige word nou nes goud
bewaar. Hierop sê ou Bamboes: "Wag nou, mij basies, nou sal ek vir
julle weer gaan vertel van die gedoentes wat die ouvolk gehad het."
Hulle twee stap saam na die kookskerm toe, wat net 'n paar treë van
die matjiesgoedhuis afstaan. Ons gaan om die vuur op ons houtblokke en
veldstoeltjies sit; outa en sij oumeid skuif elk 'n klip onder hulle
in en plak hul daarop neer. Ons ouers sit binne om 'n tafeltjie met
ander reisigers gesels. Nou is ons net in ons glorie.
Die kookskerm is 'n ronde kraaltjie met 'n heining van bossies om. Bo
is dit oop, sodat ons die sterre deur die opstijgende hitte kan sien
dans; tussen ons flikker die gesellige aandvuurtjie.
Ons word al ongeduldig dat outa Bamboes so 'n lank tijd gebruik om
die pruimpie op sij regte plek in sij kieste te plaas, daarom maan
ons hom uit die staanspoor: "Toe dan, outa, vertel ons die Stories
wat jij ons belowe het."
Dan val hij weg: "Mij basies en nonnies, nou gaan ek julle van hoeka
(lankal) se dinge vertel. In daardie dae het die witmense nog nie
in hierdie land gewoon nie. Om julle die waarheid te sê: Ek weet nie
of daar toe al witmense gewees het nie; want die vandag se Boesmans
hulle ouers se ouers se ouers was toe nog nie daar nie. Die Son,
die Maan en die Sterre het toe maar eers in daardie dae gekom. Nou
moet julle weet: Dis nie van gister en eergister se dinge wat ek
julle gaan vertel nie. Ek praat van die donker dae...."
Hier val een van ons die ou in die rede en vra: "Maar, outa, wanneer
het die Son, die Maan en die Sterre dan gekom?"
Gouw was die antwoord daar: "Wag nou, mij basie, ek sal julle aanstonds
in die gouwheid alles vertel. Wag tot ek daar kom. Julle moet reken
dat ek nie soveel tonge as tande het om alles tegelijk te kan vertel
nie--julle moet mij tijd gee. Ja, in daardie dae het glad 'n ander
soort Boesmans gelewe as nou. Dit was vir hulle maar net 'n oogknip
se werk om hulle in diere te verander. Daarom is baie van die diere,
wat julle nou nog sien, niks anders as daardie ou Boesmans van daardie
tijd nie--hulle loop nou in gedaantes van diere rond."
Hier las die ouaia 'n woordjie in en sê: "Mij basies en nonnies,
julle moet verstaan, die ou Boesmans het toe baie meer hulle kinders
moes oppas as nou, anders vang daardie ou toornaars gouw-gouw die
kinders. Hulle was nie so slim as ons mense vandag is nie; maar die
goeters kon so gevaarlik getoor het."
Ou Bamboes vat weer die woord en vertel: "Ja, in daardie dae sien jij
misskien 'n mens staan, jij loop soontoe. As jij daar kom, staan daar
'n boom vol heerlike vrugte en die man is skoonveld-weg. As jij van
die vrugte wil pluk, dan weg is daardie boom, en dan kijk jij in die
tande van 'n Leeuw. Nou stap jij bang-bang agteruit, agteruit, om
weg van daardie gevaarlike ding te kom. Hij verander hom meteens in
'n Springbok, wat dan plesierig rondom jou kom staan pronk. Meteens
is hij 'n Hasie, wat ewe lief in jouw arms kom sit om jouw hande te
lek. So het die ougeslag gemaak, net soos hulle lekker krij--die een
dag is hulle dit en die ander dag weer iets anders. Hulle was toe
net plesierig en vol pret."
Uit korswil vra een van ons: "En, outa, het daardie ouvolk dan ook
streepkoppe en peperkorreltjies-hare gehad, net soos julle vandag het?"
Ons kinders lag, ou Bamboes gee 'n gebroke laggie; maar ouaia bestraf
en sê: "Kijk nou, kijk nou, hoe spot die diesvolk se kinders met ons
peperkorrels en streepkoppe."
Ou Bamboes pak weer die woord en vervolg: "Julle sê dis nie lekker
dae daardie nie; wel ek sê: Gevaarlik of nie gevaarlik nie, trawal
of nie trawal nie, traak mij of traak mij nie--dis algaar dinge
voor ons tijd, waarmee ons nou niks te doen het nie. Wil julle mij
kom vertel dat die Visse in die koue water dit swaarder het as die
koggelmander op die warm sand? Of dat die Skilpad in die reën op die
grond dit natter krij as die Voëls daarbo tussen die nat takke? Nee,
dis hulle geaardheid, en hulle is tevrede daarmee."
Nou begin outa ons een Storie na die ander te vertel. Nou en dan las
die ouaia 'n woord tussen in en het baie te vertel wat haar ma, haar
ouma, haar tantes en ander ou meide haar vertel het. Haar Stories
is net so mooi en net so boeiend as dié van outa; want sommige
Boesmanmeide is net sulke uitstekende storievertellers as hulle mans.
Dis wonderlik hoe na 'n Boesman aan die vuur kan sit sonder dat die
hitte hom skroei. Die lekkerste sit van hom is as die rook so onder
sij ken in speel: hij draai dan met 'n kreun en steun die kop opsij
na die kant vanwaar die wind kom en hij kom klaar. Sij oë traan nie
van rook nie.
As hij uitroep: "hiert!" dan weet ons dat 'n rooi jagspinnekop tussen
ons deur 'n S maak. Ons spring op en roep uit: "Waar's hij, waar's
hij?" maar die Boesmans blij bedaard sit. As 'n Skerpioen uit 'n dik
stomp kruip, dan vat hij 'n stomp vuur en druk dit daarmee sonder erg
dood. Die ander Goggas trap hij eenvoudig met sij strijkijstervoet
dood. En die Wipmiertjies, wat teen sij bene op hardloop? Ag nee,
dis maar niks nie!--hij klap hul met die hand dood. Verder sit hij
perdgerus en steur hom aan niks nie.
Bij hierdie tijd hoor ons pa uit die matjiesgoedhuis roep: "Ou Bamboes,
ek hoor die Skape bler, hulle trek, toe loop keer hulle weer terug
lêplek-toe." En tot ons roep hij: "Toe kinders, bring die waswater
en kom was, ons wag om te eet!"
Na die ete word die Boeke gevat, en daarna gaan ons bed-toe, met die
soet voorsmaak om môreaand weer met die lammertjies te help en om
daarna weer Stories te hoor; want thuis op die plaas is dit neusie
verbij met ons, dan is ons met iets anders besig.
NO. 2.
NAG EN DUISTERNIS EN HULLE DRIE DOGTERS.
OPMERKINGS:--Uit hierdie Storie blijk dit dat die Boesmans wel
deeglik oortuig is dat alles uit Duisternis gebore is: dit was
eers aand gewees en toe môre gewees. Die outa wat ons die Stories
vertel het, het altijd die Boesmanwoorde 'Ga en 'Gagen in plaas
van nag en duisternis gebruik. En die Hotnotsgod het hij op sij
Boesmans 'Kaggen genoem.
In die ou dae was daar net 'n skemering--net soos op 'n donker
onweersdag. Dit was koud, en die Son, Maan en Sterre het toe nog
nie geskijn nie. Ou 'Ga (nag) en sij ou vrouw 'Gagen (duisternis)
het in 'n klipspelonk gewoon. Hulle het nie seuns gehad nie, maar
net drie dogters.
Toe die drie meide groot geword het, neem die moeder klein Skilpadjies,
haal die vleis daar uit, boor gaatjies aan die voorpunte van die
doppies, gooi daarin klein klippies, om daarin 'n geraas te maak
as die doppies geskud word; sij snoer die doppies in met 'n riempie
van Bobiaanvel gemaak en hang die snoer om die nek van haar oudste
dogter. Sij verbied die dogter om die snoer van haar hals af te haal,
anders sal die kos in haar buurte opraak.
Toe neem die moeder weer klein kalbasdoppies, maak die doppies skoon,
gooi daarin saadjies van bessies, snoer dit in 'n touwtjie van die
binnebas van 'n boom gemaak en hang toe die snoer met klein kalbassies
om die nek van haar tweede dogter. Sij verbied hierdie dogter ook om
die snoer van haar hals af te haal, anders sal die veldkos in haar
buurte ook tot niet raak.
Daarop neem die moeder die ore van Springbokke, slag die buitenste
harige vel daarvan af, neem die binnenste wit pit van die ore en maak
daarvan klein blasies, gooi toe eers daarin droë sand om die sakkies
mooi te laat droog. Toe die sakkies droog was, gooi sij daarin die
harde korrels wat in Springbok-oë is, om 'n geraas te maak, rij die
blasies in met 'n touwtjie van Springboksenings gemaak en hang die
snoer om die nek van die jongste dogter, met die gebod om dit nie
van haar hals af te haal nie.
Toe roep die vader en moeder die drie dogters om voor die mense te
kom dans om te sien hoe mooi hulle kan dans en om te luister hoe
pragtig die snoere om hulle nekke raas as die drie meide dans.
Baie mense het van ver gekom om na die pragtige danse van die drie
jongmeide te kijk en het hulle baie verwonder. Maar die jonkmans
was maar versigtig vir die drie meide, omdat hul die drie dansers as
toorhekse beskouw het. Dáároor het die drie hulle nie erg bekommer nie,
want hulle was gelukkig waar hulle was.
Die Gogga, wat ons die Hotnotsgod, en wat die Boesmans 'Kaggen noem,
en wat nes 'n lang, plat Sprinkhaan lijk, wat sij dik voorpote saam
hou asof hij bid--wel, daardie Hotnotsgod het op 'n bossie gesit
en het aldag sit en kijk en luister hoe die drie jongmeide dans. Om
beter te kan sien en te luister, verander hij hom in 'n groot wilde
bok en kom toe nader en kijk met nuwsgierige oë na die dansers.
Die ou vader grijp toe sij pijlkoker en boog en bekruip die groot
bok; hij skiet en skiet, maar elke slag was dit mis. Hij kruip toe
weer nader, vat goed korrel en toe raak hij die bok. Die bok hol
'n entjie weg en val dood--of liewers gesê: hij hou hom dood.
Daarop stap die vader en moeder met die dogters nader om die bok
af te slag. Na hul hom afgeslag het, snij die ou die bok in vier
kwarte. Hij vat 'n agterkwart en die vel en dra dié; sij vrouw dra
die ander agterkwart en binnegoed; die oudste dogter vat 'n voorkwart
en dra dit; die tweede dogter dra die ander voorkwart, terwijl die
jongste dogter die kop met die rugstring daaraan pak en dra.
Die kop begin toe met die jongste dogter te praat en vra waarom hulle
hom so seer moet maak. Die kop knip sij oë en steun erg pijnlik.
Die jongste dogter roep uit: "Pa, die bok se kop leef nog--hoor hoe
praat hij met mij en hoor hoe steun hij!"
Die ander draers neem dit vir korswil op en steur hul nie aan die
praatjies van die jongste suster nie.
Weer roep die jongste dogter: "Pa, dis regtig waar, die bok se kop
leef nog, hoor hoe hij praat en steun--kijk hij knip oë."
Ook van hierdie gesegdes van die jongste dogter word geen notiesie
geneem nie. Die draers stap voort.
Maar toe die jongste dogter vir die derde keer roep en sê: "Pa,
ek smijt net nou die bok se kop met rugstring en al weg: hoor hoe
praat en kreun hij, en kijk hoe knip hij sij oë," toe blij die draers
staan om te kijk. En terwijl hulle blij staan, draai die vier kwarte
hulle bo op die koppe van die draers om. Hulle sit van skrik die vier
kwarte op bossies neer om dié nie vol sand te laat word nie. Elke
kwart draai hom weer reg, want die dorings en skerp punte van die
takkies steek hulle. Toe skrik algaar nog meer en staan eenkanttoe.
Die een agterkant spring toe op en gaan na sij plek aan die rugstring
en heg hom daar vas, toe spring die ander agterkwart ook op en heg hom
op sij plek vas; daarop spring die een voorkwart op en gaan na sij
plek aan die rugstring toe; daarop volg die ander voorkwart en heg
hom op sij plek vas; toe kruip die ingewande in die afgeslagte bok;
die bok spring na die vel toe, en die vel vouw hom daarop om die bok,
net soos hij tevore was, en die bok staan weer ewe bedaard die draers
te aanskouw. Daarop hol hij op 'n kort galoppie weg en word daarna
weer die Hotnotsgod, wat soos 'n lang, skraal Sprinkhaan lijk.
So vind die ou vader en sij gesin uit dat 'Kaggen hulle lelik geflous
het. Maar hiermee was dit nie gedaan nie.
Die Hotnotsgod, na verloop van enige dae, verander drie van sij seuns
in drie jonkmans en hij stuur hul na die drie jongmeide toe. Die drie
meide krij net sin in die drie mooi jongkêrels. En ieder jonkman vat
een van die dogters en trouw met haar.
Hulle maak toe hutte van bossies en gaan daarin woon; want daar
was volop Wild en veldkos--net soos hulle ma hulle voorspel het--,
solank die drie dogters die snoere om hulle nekke dra.
Daar het toe ook baie ander Boesmans kom woon, wat op die Wild
en veldkos kom jag maak het. So het daardie plek net 'n plek van
plesier geword.
Sonder om te twis, het hul daar in vrede saam gewoon; want kos en al
die nodige was daar volop; plesier en pret het daar nie ontbreek nie,
en wat wil hulle meer hê? In een woord, dit was daar 'n lui-lekker
land.
NO. 3.
DIE BERGE IS DIE OUDSTE DOGTER.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan
van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd 'Kou genoem,
wat berg in die Boesmantaal beteken.
'Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod,
het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit
die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar
baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij
word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos
krij nie--sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.
Maar 'n Skilpad is 'n diertjie wat stadig loop en lui is--so het
'Kou ook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie
daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar
om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks
meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor
geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met 'n Skilpad, of
die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes
toe voortaan maar alles self alleen doen--ja, hij moes selfs gaan om
vir haar Skilpaaie te vang.
Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die
kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie,
uit vrees dat hulle ook net so lui as 'Kou sou word.
Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar 'n
Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie
hê waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so sê die Bobiaan aan die
kind dat hij daardie riempie wil hê, want dit was gemaak van die vel
van sij broer, en sê dat hij die volgende dag weer sou kom en dan
sou hij die riempie van 'Kou haar nek met geweld kom afpluk.
Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan
was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie,
maar thuis te blij.
Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij gesê het, en hij herhaal
sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan
te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.
Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, sê dat hij
sal loop, maar waarskuw 'Kou dat hij die volgende dag met 'n kommando
van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die
hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.
Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij
maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.
Net soos hij gesê het, kom die Bobiaan die volgende dag met 'n groot
geselskap van sij famielie.
Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan
te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in 'n groot Voël, en
die kind verander hij in die Weerklank, of Echo. Die Voël vlie op en
maak 'n groot wind met sij vlerke, sodat daar 'n dik stof kom en die
Weerklank maak 'n groot geraas. Toe die Voël in die rondte warrel,
ontstaan daar 'n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout
rondsmijt. Hier krij 'n Bobiaan 'n slag met 'n klip teen die kop,
daar 'n ander 'n houw met 'n stuk hout, en die sand en stof dwarrel
so verskriklik in die oë van die Bobiane dat hulle verplig was om
uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar vér vandaan,
roep hulle uit: "Wag maar, ons sal 'Kou nooit met rus laat nie--op
haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig
omkrap en omrol." Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.
Maar 'Kou het bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap,
en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in
'n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.
Toe die Bobiane sien hoe 'Kou in berge verander het, was hulle net
blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want
hulle het 'Kou mos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat
nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig
sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak
tot solank as daar nog 'n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.
'Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in 'n ewige slaap.
NO. 4.
DIE WIND EN DIE WINDVOËL.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die
gedaante van 'n Voël aangeneem het en nou in 'n gat in die berge
woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde
geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord
I-moya uitdruk.
'Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword;
haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in 'n Voël, of Windvoël
vervorm geword. Hij het toe in 'n gat in 'n klipkrans in die berge
gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon,
te gaan nie. In dié gat is 'n groot gedruis. Sodra iemand nabij die
gat kom, dan waai daaruit 'n geweldige Wind, wat daardie een teen
die grond smijt, om sij oë met sand en stof te vul. Of anders dwarrel
die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom vér weg en
laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en
waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer
die bossies, matte of velle daarvan vér weg dat die eienaars dit nie
gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie,
of om te nabij sij huis te gaan nie.
Maar die Wind was eers 'n mens, 'n man uit die ougeslag. Hij het
eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij
stil en het met hulle saam gespeel en gejag. Hij het met kieries en
klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing
en gedans nes die ander mense.
Maar toe hij 'n Voël geword het, het hij nie meer geloop nie, maar
het net gevlie om sij kos te soek.
As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as
hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Voël hom op
die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan
met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof,
die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit
in aanraking kom. Die Boesmans sê: Die Wind waai sterk as die Voël sit.
Wil die Voël 'n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote
op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke
in die rondte. Dan kan 'n mens 'n pilaar stof in die lug sien optrek
en ronddraai.
As die mense die Voël kwaad gemaak het, dan klap hij vir dae agtereen
met sij vlerke om die wind ver oor berge, vlaktes en seewaters te
stuur. Maar het die mense hom met rus gelaat, dan keer hij terug na
die gat waar hij woon en gaan daarin slaap tot iemand hom weer moveer,
of kom skrik maak. So pas op! Moenie die Wind skrik maak nie.
Die Windvoël stuur ook sij wind tot binne in die mense en diere. Neem
hij die wind van die mense en diere weg, dan sterf so-een, en dan
sal daar nooit weer asem in die mond en neus van daar die een kom
nie. Die Wind is die Gees wat in die mense woon.
Iemand moet oppas dat hij nooit die naam van die Voël noem
nie--vernaamlik as die Voël nabij is; want die Voël wil nie dat iemand
somaar sleg van hom moet praat nie.
So was daar eendag twee opgegroeide kinders wat oor die Voël sit en
gesels het. Die Voël kom daar nabij sit en luister na alles. Een van
hulle sien die Voël sit, hij vat sij boog en skiet na die Voël. Die
ander vat 'n kierie en klippe en gooi na die Voël. Dog geeneen van
hulle kon die Windvoël raak nie. Die Voël blij sit tot hulle ophou
om oor hom te gesels, en toe eers vlie hij uit sij eie weg.
Maar wat gebeur toe daarop?
Die Windvoël laat toe eers 'n donker stof in die verte aankom. Daardie
stof peil reguit na daardie twee kinders toe. Die warrelwind grijp
die twee, laat hul eers op hulle koppe staan en draai hul nes tolle
in die rondte. Daarop los die Wind hulle, waarop die twee die vlug
neem. Die Wind agtervolg hul en drijf hul met woede voort. Hulle vlug
agter bome in; maar die Wind breek die boomtakke bo hulle koppe, sodat
hulle lewe in gevaar kom. So moet hulle weer vlug en skuiling agter
rotse gaan soek. Maar toe waai die Wind om die rotse heen en smijt
sand en klippies in hulle gesigte. Dus moes hulle weer vlug. Hulle hol
toe na 'n klipspelonk, en dit geluk hul toe om daarin te kruip. Maar
die Wind waai so geweldig in die klipgrot dat die twee nouwliks hulle
asem kon krij--hulle dwing toe net om te versmoor.
Die twee moeders sien toe dat hulle twee kinders in groot gevaar
verkeer en weet somaar dat die kinders die Wind kwaad gemaak het. Hulle
neem bossies wat 'n aangename ruik gee as dit gebrand word, en hulle
brand dié; ook neem hulle fijn boegoe en strooi dit in die Wind,
wat net waai in die rigting van die kinders en wat nie waai waar die
ander mense staan en sit nie. Die Wind krij toe die aangename ruik
en bedaar. Ook het die moeders deur sing en musiek die Wind weet te
kalmeer en in 'n aangename stemming te bring.
En toe eers kon die kinders uit die klipgrot kom.
Daarop het hulle moeders hulle vertel dat die Wind net soos 'n Hond
is: noem jij sij naam, dan luister hij: praat jij mooi met die Hond,
dan kwispel hij met sij stert. Maar spreek jij daardie Hond kwaai aan
en gooi jij hom met klippe, of slaan hom, dan knor hij en vlie jou in.
Van toe af weet die mense om nie roekloos met die Wind om te gaan
nie en om hom te respekteer.
NO. 5.
DIE WEERKLANK, OF ECHO.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word die Weerklank voorgestel as
'n Gees wat mense bedrieg, bespot en weglok.
Die Weerklank, of Echo, is die dogter van die Berge--haar pa is die
Wind, wat deur sij dogter spreek. Sij is 'n spotter, wat van korswil
nooit moeg word nie. Die een wat sij uitkoggel, sal moeg en kwaad
word, maar die Weerklank nooit nie! Hoe meer iemand lag of huil, sing
of skel, hoe mooier dit vir haar is. Sonder een woord uit te laat,
sê sij as sij alleen is, alles na wat 'n ander uiter.
Sij woon daar bij haar ma in die berge: in die diep klowe waar
klipkranse en afgronde is, daar is sij altijd te vinde. Ofskoon
sij lank kan stilblij en nooit uit haar eie gesels nie, slaap sij
nooit nie; want roep iemand, dan gee sij dadelik antwoord; sij is
altijd wakker.
Die man wat eerste Musiek uitgevind het, se naam is Speelman. Hij
het vir hom verskillende trompetters van Wildhorings gemaak. Van
fluitjiesriet het hij fluite gemaak. Snaarinstrumente het hij van
snare van Wildderms gemaak. Selfs 'n tamboer het nie makeer nie: hij
het 'n pot geneem en het daaroor 'n Springbokvel getrek waarvan die
hare afgemaak was. Speelman kon o, so mooi sing en speel. Daarom het
hij iemand gesoek wat ook net so pragtig kan sing en speel as hij;
maar hij kon die persoon nie vind nie.
Die mense vertel hom toe dat daar in die klowe so 'n mooi jongmeid
woon, wat net so mooi kan sing en speel. Haar naam is Weerklank--ander
noem haar Echo.
Speelman stap toe na daardie klowe in die berge toe. Hij begin op
sij wildhoring te blaas, en toe hij antwoord krij, begin hij te
sing. Was hij nie verwonderd nie toe hij hoor dat Echo nog mooier as
hij kan sing? Want 'n weerklank klink altijd mooier as die stem wat
dit weerkaats.
Hij roep: "Waar is jij!"
Die antwoord kom: "Waar is jij?"
Hij antwoord: "Hier is ek; kom jij hiernatoe!"
Die Echo roep: "Hier is ek; kom jij hiernatoe!"
Speelman staan op en loop daarnatoe. Onderwijl speel hij op sij
ramkie. Maar toe hij nader bij die plek kom, toe verplaas die klank
haar en gee antwoord van glad 'n ander krans af. Die musiek van die
Weerklank was vir hom te mooi.
Hij roep: "Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!"
Sij roep: "Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!"
Hij gaan sit en wag en hou aan sing en speel. Maar nou hoor Speelman
dat die stem van meer as een plek kom. Dit maak hom nog meer nuwsgierig
en ongeduldig. En wat nog meer sij nuwsgierigheid en geduld op die
proef stel, is dat die stemme glad nie nader kom nie, maar blij waar
dit is.
Nou weet hij glad nie hoe hij dit het nie.
Hij begin toe agter die lokstemme aan te stap. Hoe nader hij kom, hoe
verder uitmekaar die stemme gaan--dan hoor hij een stem, dan twee,
dan drie en dan meer. Hij gee nie moed op nie en hou aan stap. Hij
dwaal toe so ver weg tussen die klowe en gebergtes dat hij eindelik
in die gramadoelas [1] te lande kom om daar te verdwaal.
Wel, in sulke gramadoelas het Speelman te lande gekom. Stemme ontbreek
nou nie. Die Echo laat haar steeds hoor; maar aan die gebrul van
Leeuws, gehuil van Wolwe, getjank van Jakhalse en geblaf van Bobiane
ontbreek dit nie--om nie eens van die gehoehoe van Uile te praat nie.
Toe, vir die eerste maal, gevoel Speelman hom in 'n benarde
toestand. Hij maak toe plan om terug te keer.
Maar watter kant toe nou?
Hij het toe begin te dwaal en verdwaal. Die eerste wat hom teëkom,
was 'n trop Bobiane. Die ou voorman van hulle vra aan Speelman wat
hij daar op hulle veld kom soek. Die Bobiaanwijfies roep uit: "Snij
sij bene af en gee dié aan ons, dat ons ook kan regop loop." Die
Bobiaankinders roep uit: "Snij sij kop af, dat ons daarmee bal-bal
kan speel; want dit lijk of dit nie kan breek nie."
Versigtig stap Speelman agteruit tot hij bij 'n boom kom en so gouw
as 'n kat klim hij daarin. Die voormanne van die Bobiane storm die
boom; dog Speelman vat sij groot wildhoring en blaas so hard daarop
dat die klowe daarvan weergalm. Die Bobiaankinders sit 'n keel op,
hol weg en skree dat die berge wou vergaan. Die Bobiaanwijfies vlug
agter hulle kinders aan, en al die ander volg en spaander die rant oor.
Toe klim Speelman uit die boom en vlug. Hij moes toe sij weg baan deur
Tiere, Wolwe en Jakhalse, wat algaar dreig om hom te verskeur. Maar
geeneen durf aan hom vat as hij op sij musiekinstrumente blaas of
speel nie.
Hij was moeg, honger, dors en uitgeput en gaan toe sit en rus; dog
ongelukkig val hij in slaap. Toe hij wakker skrik, het 'n Leeuw hom aan
sij toegedraaide karos. Speelman hou asem op en maak of hij dood is.
Die Leeuw dra hom toe weg om hom aan sij kinders te gee. Maar die Leeuw
word moeg van dra en gaan toe rus. Hij lê Speelman op die grond neer,
maar kijk eers goed of hij wel regtig dood is. Daarop gaan die Leeuw op
'n kort afstand agter 'n klip staan en loer om die hoekie of Speelman
nie roer nie. Maar Speelman het wel effe sij kop gedraai om te kijk
wat die Leeuw nou wil maak. Die Leeuw kom terug en draai Speelman se
kop weer soos dit gelê het en hij gaan toe weer agter daardie groot
rots staan en loer--want dis die ou gewoonte van Leeuws om soiets te
doen om uit te vind of die een regtig dood is.
Speelman draai toe sij kop effe, net dat hij met een oog kan sien
wat die plan van die Leeuw is.
Die Leeuw stap verder en staan weer bo oor 'n rantjie te loer. Hij
stap weg, maar kom dadelik gouw weer terug om te loer. Speelman lê
nog stil. Maar toe die Leeuw verdwijn en so lank nie kom kijk nie,
spring Speelman op, klouter 'n steil krans uit en verdwijn aan die
anderkant van die rantjie. Toe die Leeuw met sij kinders terugkom,
was Speelman baie weg.
Die Leeuw kon die spore van Speelman oor die steil kranse nie volg nie,
en so het Speelman vrijgekom.
En na lank rondgedwaal te hê, het Speelman sij huis bereik.
Op hierdie manier het die Weerklank baie mense wat die Echo nie ken
nie, verlei en het hul nes blinde laat ronddwaal en verdwaal tot
iemand die verdwaaldes weer tereg help.
NO. 6.
DIE VLAKTES IS DIE TWEEDE DOGTER.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die
Vlaktes ontstaan het. Ons ou verteller het die Grond altijd 'Kaun
genoem--dis so na as ons die uitspraak kan opskrijwe, want bijna
iedere Boesmanwoord word met 'n klik van die tong uitgespreek,
en daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b,
c nie toereikend is nie.
Die tweede Dogter van 'Ga en 'Gagen het met haar man in hutte van
matjiesgoed gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te
maak. Die betowerende invloed van die snoer kalbassies wat om haar
nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in haar buurte laat
groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.
Die snoer van kalbassies het gemaak dat 'Kaun, die tweede Dogter, glad
nie lus vir vleis gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het
'n oorvloed van eetbare veldvrugte en veldwortels gegroei, sodat sij
nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar ook lui
gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou
doen nie. Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan
jag en het genoeg wildvleis vir hom en hulle kind gebring; maar vir
'Kaun moes hij altijd net veldkos bring.
Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos te gaan soek, kom daar
'n Boom, wat aan die kind vra waar sij ma, 'Kaun, is. Hij sê dat 'Kaun
'n snoer kalbassies om haar nek dra, waarvan die touwtjie waarmee
dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam van sij broer
gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer
wil doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee
te gaan reg dokter.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook
een van die mense van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met
'n hele Houtbos van Bome sal kom om die touwtjie van 'Kaun haar nek
af te skeur.
Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom
gesê het, hij soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te
gaan nie, want sij ma is bang.
Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te
gaan haal, sodat hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome
hulle op een plek vaskeer nie.
Die volgende dag kom daar 'n hele Houtbos aan saam met die Boom en
hulle stel weer hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies
om 'Kaun haar nek gebind was, te krij. Die man weier, en die Bome,
met 'n groot gedruis, word net opstandig en maak 'n lawaai.
Die Hotnotsgod, wat daar nabij aan 'n takkie gesit het, aanskouw
en luister na alles wat daar gebeur. Hij verander toe die man, wat
sij eie seun is, in 'n groot Vuur en die kind verander hij in 'n
Opgewing, of Lugspiegeling. Die Bome word toe bang vir die geweldige
vlamme van die Vuur en hulle spaander die veld in. En die Opgewing,
wat bokant die vlamme dans, tesame met die rook, laat die Vuur nog
afgrijsliker lijk, sodat die Bome nooit weer oor daardie touwtjie,
van die binnebas gemaak, kom pla het nie.
In hulle vlug roep die Bome terug dat hulle vir 'Kaun nooit met rus
sal laat nie; hulle sal op haar graf kom trap en sal hulle wortels
diep in die graf laat ingroei.
'Kaun word bij die dag luier en wil niks anders doen as net slaap
nie. Sij krij 'n pijn om haar hals en toe sij wakker skrik van die
pijn, het die pitjies en saadjies wat in die kalbassies is om die
geraas te maak, begin te groei en het hulle wortels deur die hals
in die lijf van 'Kaun laat groei. Niemand kon toe hieraan iets meer
doen nie, so het 'Kaun aan slaap geraak en het toe in die Vlaktes
verander en sij slaap, slaap, slaap vandag nog voort. En die Bome,
tesame met bossies en gras, groei orals oor die Vlaktes; want hulle
het gesê dat hul die graf van 'Kaun nie sal respekteer nie. Daarom is
dit tot vandag toe nog dat die wortels van Bome so graag 'n toegedekte
graf binnedring om hulle om die doodsbeendere te vleg.
'Kaun, die Vlaktes, is nie dood nie, maar sij slaap net; die
Bome, bossies en gras groei daarop en put gedurig krag daaruit;
maar heeltemaal dood krij vir die Vlaktes is min! Solank as daar 'n
wêreld sal wees, sal daar Vlaktes wees. En solank as daar Vlaktes is,
sal daar Bome, bossies en gras op groei.
Gedurig werp die veldgewasse hulle sade op die Gronde, en die sade
ontkiem en groei, net soos die pitjies wat in die kalbassies was,
en stuur hulle wortels diep in die hals van die Aarde, naamlik in
die hals van 'Kaun.
NO. 7.
DIE VUUR EN DIE 'NU-FEES.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word die doen en late van Vuur
beskrijwe. Ons ou verteller het die Vuur altijd Danser genoem,
omdat 'n vlam sonder ophou aan dans blij. Die instelling van die
'Nu-Fees word verklaar.
Die Vuur se naam is Danser; maar sij vrouw, 'Kaun, is in die Vlaktes
verander geword. Hij is die seun van die Hotnotsgod en het eers nes
'n mens rondgeloop, gejag en gespeel. Nou is hij Vuur, wat niemand
sal kwaad doen nie, mits 'n mens van sij lijf af blij en hom nie
kwaad maak nie--dan verteer die Vuur alles.
Nou nog stap Danser nes 'n mens rond; maar meestal kan 'n mens hom
nie sien nie. Want hij maak ook net soos sij broer, die Wind: hij
kruip orals in. Slaan 'n mens klippe teen mekaar, dan spat daar Vuur
uit. Vrijwe 'n mens houtjies teen mekaar, dan ontvlam die hout. Ook
uit die lug kom die Weerlig-Vuur! Ja, die Vuur het ook in mense en
diere ingekruip--al sien ons die Vuur nie in ons of in die diere nie,
tog hij is daar. Want gaan hij uit die mense of diere, dan word hulle
vleis koud, hulle sterf en is dood.
Ook in die plante sit vuur; want as ons vuur maak, dan kom die Vuur
wat in die plante sit, te voorskijn.
Maar Danser is nog altijd kwaad vir die Bome omdat hul met sij vrouw,
die Vlaktes, baklei het en omdat hul nou nog met hulle wortels in die
lijf van sij vrouw vasgroei. Daarom brand Danser nog altijd die hout
van Bome; ook die gras en bossies ontsien hij nie.
Wanneer Danser as 'n mens rondstap, dan is daar groot lig en warmte
op die plek waar hij loop. Die ander mense is dan blij om nabij hom te
wees. Want in daardie dae het die Son, Maan en Sterre nog nie geskijn
nie, en dit was toe taamlik skemer--net soos in swaarbewolkte dae
wanneer iemand nie goed kan sien nie. Maar Danser se kop het geblink
en het vir hom genoeg lig gegee om orals goed rond te sien. Hij het
nooit oor koue gekla nie.
Maar hij het 'n slegte humeur gehad en wil glad nie geterg wees
nie. Vat iemand aan hom, dan bijt Danser daardie vrijpostige een. Maar
hou ons vrinde met hom, dan blij hij binne ons om ons warm te maak;
ook maak hij ons langs die Vuur warm en gee ons lig as hij voor ons
kom dans en is selfs gewillig om ons kos gaar te maak--dan is hij ewe
plesierig as ons hom genoeg hout gee om mee te baklei--hoe meer hout,
hoe plesieriger is hij.
Bij 'n seker geleentheid was daar baie Wild en veldkos. Die mense
van daardie tijd het toe 'n groot fees gevier. Daar het baie mense na
daardie fees en dans gekom--aan pret en kos het dit nie ontbreek nie.
Danser was ook daar; maar aangesien hij nie lig aan sij lijf vertoon
het nie, het niemand hom as die Vuurman herken nie. Maar na hulle
'n rukkie geëet en gedans het, sê hij dat hij die mense sal leer om
vuur te maak. Hij neem toe 'n sagte houtjie en maak aan die sij 'n
holte, lê die houtjie op die grond en gooi die skaafseltjies in die
holte. Toe vat hij fijn gevrijfde grassies en lê dit naas aan. Hij
vat toe 'n dunner en harder stokkie en draai dit tussen sij twee plat
hande vinnig regop rond. Die skaafseltjies vat vuur; daarop begin die
fijn grassies. Hij blaas dit aan en toe ontstaan daar 'n vlam. Hij
lê fijn houtjies op die brandende gras, toe weer dikker hout en daar
bo-op dik stompe. En spoedig brand daar net 'n tamaai groot vuur.
Die mense het hulle stom verwonder; hulle sing en dans om daardie vuur,
wat so baie lig en warmte gee. Daarop trek Danser 'n wije kring om
die vuur en sê dat hulle die kos binne daardie kring moet bring om te
braai. Want voor daardie tijd het algaar die kos rouw geëet, nes die
Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en Hond vandag nog doen; want hierdie diere
is ook mos mense van die ougeslag wat hulle in diere verander het.
Die mense proe toe dat gebraaide vleis lekkerder as rouw vleis
smaak. Van daardie dag af word kos gebraai en gekook.
Buite om die ring waarin die vleis gebraai word, trek Danser weer
'n tweede ring, sodat die mense tussen die braai-ring en die tweede
ring moet dans, sing en musiek maak. Buite om daardie twee ringe is
die buitewêreld waarin 'n mens net alles kan doen wat hij wil.
Toe was die vrolikheid net groot en uitbundig: die meide klap op hulle
hande, sing en slaan op tamboere; enkele van die mans speel musiek,
terwijl die ander mans dans dat die stof so trek. In die dans buig
en knik hul grappig met hulle koppe vir die meide, wat dit alles met
vrolike gelag begroet.
Algaar is onder 'n stofdamp; want as daar nie stof is nie, dan lijk
dit ook nie of daar gedans en pret gemaak word nie. Die plesier en
vrolikheid het tot die volgende oggend aangehou, en toe gaan hulle
slaap.
Die kinders, wat nie meegedans het nie, moes vroeg gaan water haal;
want die dansers het toe al reeds baie dors, daar al die water
gedurende die danserij uitgedrink geword het.
Van toe af word daar feeste gehou, en is die 'Ku-dans ingevoer.
NO. 8
DIE OPGEWING, OF LUGSPIEGELING.
OPMERKINGS:--Nes die Weerklank, is die Opgewing, of Lugverheffing,
'n spotter en verlokker van mense, wat in die veld rondloop. Sij
verblind die mense hulle oë, sodat hulle dinge sien wat glad nie
bestaan nie.
Die Opgewing is die Dogter van die Vlaktes en van Vuur. Sij is iemand
wat lekker kan spot en verlok; daarom het hul haar die naam van Antjie
van die Vlaktes, of somaar kortweg, Antjie Vlaktes, gegee. Sij het
getrouw aan haar ouers geblij, het altijd bij hulle blij woon, en dis
daarom dat sij nog altijd bo die vlam van Vuur en op die Vlaktes dans
en daar ronddwaal.
Die Weerklank, of Echo, kan praat en gesels, maar is onsigbaar;
terwijl dit net anders om is met die Opgewing: sij kan gesien word,
maar kan nie praat nie--sij is doofstom; maar tog so vol streke as
dit kan kom. Sij weet net hoe om met die mense deur drome te gesels,
want sij is die moeder van Drome. Daar bo die vlam en daar op die
Vlaktes kan sij haar goed verstaanbaar maak; want sij gee lewendige,
bedrieglike beelde en is 'n woelige Gees sonder rus.
Bij 'n seker geleentheid--nog in die dae van ouds--is die grondgebied
van die Boesmans van die ougeslag deur vreemde mense van glad 'n ander
soort oorstroom geword. Daardie vreemdelinge was baie en sterk. Die
Boesmangeslag het toe bang geword, want hulle kon nie hulle man teen
daardie Wildemense staan nie.
Maar Antjie Vlaktes krij gouw 'n plan om dit vir die Wildemense
onhoudbaar te maak deur hulle in allerhande moeilikhede te lok. Sij
vertoon haar eers as 'n mooi jongmeid. Die seun van die voorman van
die Wildes word verlief op haar, hij volg haar en soek om 'n praatjie
met haar aan te knoop.
Sij antwoord: "As jij kan doen wat ek kan doen, dan sal ek jou
neem--anders nie."
Hij willig in, en sij vra hom om te dans. Sij gaan toe in die vorm van
'n flikkerlig bo die vlamme van die Vuur dans. Hij het toe nog nie
vuur geken nie, so wil hij ook doen wat Antjie doen; maar kom in die
vlamme om. Hieroor word die Wildemense kwaad en soek toe van stonde
aan om nie alleen Antjie Vlaktes, maar ook al haar mense te vermoor.
Die Boesmangeslag ken al die veilige plekke en vlug daarheen en
die Wildes agtervolg hul. Wanneer die Wildemense moeg word en gaan
slaap, dan verskijn Antjie Vlaktes aan hulle in verskrikkende drome
en verskrik hul so dat hulle nie rus kan krij nie en van vrees vlug
hul die veld in. Hul was toe so bang dat hul amper nie wou gaan
slaap nie. Is hul weer in die oop veld, dan dans Antjie Vlaktes in
'n flikkerlig oor die hele veld, sodat die Wildemense niks duidelik
kan beken nie. As Gees van die Vlaktes besit sij 'n wonderlike
toorkrag. Daar in die verte vertoon sij haar as 'n groot pan water of
'n rivier. Langs die waters lijk dit of daar pragtige houtbosse, huise
en hutte staan. Die Wildes meen dat hulle Antjie en haar mense daar
sal krij. Maar op pad daarheen verander die fatsoene van daardie bosse
en waters op verskeie maniere. Nou lijk dit of die rante daarnaasaan
los van die grond staan; dan weer hang die bome kop-na-onder; daarop
sien hul bome in die lug--weg van die grond--groei.
Die vreemdes voel hul nou in 'n spookland, waar dinge van een fatsoen
in 'n ander oorgaan. Hulle raak toe raad-op en maak toe reeds plan
om weer na hulle eie land terug te keer.
Toe Antjie van die Vlaktes dit gewaar, was sij net blij. Sij laat
die vreemdelinge algaar in 'n slaap val en verskijn toe aan hulle in
pragtige drome. Hulle sien o, so 'n mooi vlei, waar 'n uitgestrekte pan
water is. Daar was sierlike houtbosse, groot huise en gerieflike hutte
en Wild, so groot as hul nog nooit gesien het nie, in oorvloed. Hulle
droom van die heerlike vrugte en lekker veldkos--sodat hulle monde
somaar begin te water.
Toe die vreemdes ontwaak, vertel die een aan sij naaste hoe mooi hij
gedroom het. Onder die vertel kijk hulle op, en, ja werklik! daar
sien hul in die verte met hulle oë wat hul in hulle drome gesien
het. Die Springbokke is so groot as bome, en dit lijk of hulle op
vier hoë pale in plaas van bene rondstap--wat nog te praat van die
ander Wild wat nog groter is!
Die voorman van die Wildemense roep toe sij mense en sê: "Kom laat
ons na daardie pragtige, lekker land stap--ons is netnou daar, en
dan het julle alles wat julle hart begeer. Want ek het reeds in mij
droom al die vet Wild, die heerlike veldvrugte en die lekker veldkos
gesien. Daar kan ons lekker gaan plesier maak.
Hulle stap toe na daardie lui-lekker land toe.
Maar vreemd genoeg, hulle stap en stap, maar kom nie nader nie, terwijl
alles so nabij en groot lijk. Hulle hou moed en stap nog haastiger,
en dit lijk of hul nou-nou daar sal aankom; maar net verniet.
Terwijl alles so na en duidelik lijk, wou hul nie omdraai nie--dit
sal tog te sleg wees; so stap hul nog vinniger, en het so vir 'n lang
tijd aangehou.
Eensklaps stort die hele spookverskijnsel in niks. Die vreemdes voel
hul toe op koers na hulle eie land toe. En toe hul reg opkijk, was
hul weer terug op hulle ou woonplekke.
Op hierdie manier het die Opgewing haar mense verlos.
NO. 9
DIE WATERS IS DIE JONGSTE DOGTER.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel van waar die
Waters kom, en wat watervloede kan uitrig. Die Boesmanwoord vir
water is 'Khwa, en so het ons ou verteller ook die jongste Dogter
genoem. Die Boesmans glo dat daar gloeiende weerligstene is.
Die jongste Dogter, 'Khwa, het ook met haar man in hutte van
matjiesgoedmatte gemaak, gewoon. Die matte het sij van haar tweede
suster, die Vlaktes, present gekrij.
'Khwa het baie verskil van haar twee ouer susters. Die snoer van
Springbokore om haar nek het haar net so rats as 'n Springbok
gemaak. En daar 'n Springbok 'n dier is wat snags nie slaap nie,
so het 'Khwa ook maar min geslaap, sij was altijd aan woel, altijd
besig--dis min dat sij tot rus kom.
Die snoer van Springbokore het haar 'n onweerstaanbare lus vir
Springbokvleis gegee en sij het groot plesier daarin geneem om self
die bokke te gaan jag. Haar man het ook self gejag en veldkos gaan
soek; so het hulle altijd volop kos vir hulle en hulle kind gehad.
Sij het darem meestal thuis geblij om haar kind op te pas, maar as
die man bij die kind thuis blij, gaan sij veld-toe.
Eendag was die kind alleen thuis, toe kom daar 'n groot Springbok. Hij
was ook een van die ougeslag van Boesmans. Hij eis die snoer van
Springbokore wat met die senings van 'n Springbok om die nek van
'Khwa vasgebind is. En hij hou hom net kwaad en parmantig.
Die kind wou ook nie vertel waar sij ma is nie en versoek die bok om
weg te gaan; so nie, dan moet hij die gevolge staan.
Dog die Springbok antwoord dat hij wel sal weggaan; maar dat hij die
volgende dag met 'n trop van sij broers sou kom om 'Khwa te bestorm
en dood te trap, as sij nie die snoer wil opgee nie.
Die middag toe die vader thuis kom, vertel die kind alles aan sij pa
wat die Springbok gesê het en versoek sij pa om tog nie die volgende
dag veld-toe te gaan nie.
Die vader sorg toe vir kos vir die volgende dag, sodat hulle nie
nodig gehad het om honger te lij nie.
Die dag daarop sien hul hoe die stof van die naderende Springbokke
uitslaan. Hulle word toe bang.
Dog die Hotnotsgod, wat daar nabij op 'n bossie gesit het, het dit
alles aanskouw. Hij verander toe die man in 'n groot Os, of die
Waterbees, wat ook die Reënbees genoem word, en die kind verander
hij in die groot Waterslang, wat die pragtige skitterende steen op
die kop dra.
Die Reënbees blaas toe 'n dik misbank uit sij neus en dik swart
reënwolke in die lug, waaruit 'n swaar stortbui val, sodat dit donker
word en daar 'n groot watervloed kom, en die groot Waterslang laat ook
strome water uit die grond opborrel. Die Springbokke moes toe uitswem
en vlug om hulle lewe te red. Hulle het so geskrik dat Springbokke
van daardie dag af nog nie water drink nie.
Toe die Reënbees en Waterslang na 'Khwa soek, vind hulle uit dat dit
sij is wat in Waters verander het. En daar 'Khwa min rus gehad het
en altijd in beweging was, daarom sal die Waters net so wees--daarin
sal altijd 'n roering en rusteloosheid wees, net soos die See vandag
nog is.
Die ander mense sien toe die Waters en begin daaraan te proe en hulle
vind uit dat dit 'n goeie iets is om die dors mee weg te neem--van
daardie tijd af drink hulle water.
Dog daar is ook onder hulle wat nie van die water wil drink nie,
soos die Springbokke, Hasies, Skilpaaie en die Goggas--hulle drink
'n ander soort water, wat hulle nie gouw laat dors krij nie. Maar
net verniet: hulle sal nooit vertel waar daardie water te vinde is nie.
'Khwa is nou die uitgebreide en rustelose Waters. In strome vloei sij
na die riviere, en die riviere op hulle beurt vloei in die woelige
See. As reën sweef sij in wolke deur die lug; as mistige weer, wat die
asem van die Reënbees is, sweef sij oor die berge en vlaktes--nooit
het sij rus nie; selfs uit die grond borrel sij in fonteine op.
Die Waters, net soos die ander twee susters, die Berge en die Vlaktes,
is sterk. Die Waters kan groot gewigte mee voer en dra, en swaar
goeters kan daarop drijwe. Sij leef nie alleen bo en onder die grond
nie, maar ook in mense, diere en plante. As sij uit die mense, diere
en plante uitgaan, dan sterf hulle van dors. Dus Water, Vuur (warmte)
en Wind (asem) is wat mense aan lewe hou. Hulle drie sterf nie,
en solank as daar 'n Aarde sal wees, sal daar Water, Vuur en Wind wees.
Somtijds baklei die drie met mekaar; maar meestal werk hulle saam. Sien
die Boesmans 'n donderstorm nader, dan word gesê: "Vandag twis Water,
Vuur en Wind weer met mekaar." Want die Wolke giet stortbuie uit, die
Vuur skiet vurige donderstene, en die Wind drijf hulle voort totdat
hulle uitbaklei het. Soms reën die Water die Vuur dood, of die Vuur
verkook die Water, of die Wind waai die Water droog en blaas die Vuur
dood. Maar mekaar uitroei, is net verniet!
Maar die mense maak ook maar net so: om een dag met mekaar vrindelik
te wees en om weer die dag daarop met mekaar te kijf en te twis. Die
diere maak ook net so.
En dit alles kom net deur die Water, Vuur en Wind wat in die mense
en diere woon. Want as die Water, Vuur en Wind uit die mense en
diere verhuis het, dan sterf die mense en diere en maak dan nie meer
vrindskap of rusie nie.
NO. 10
DIE REËNBEES EN DIE BOBIAAN.
OPMERKINGS:--Die Reënbees is die groot reënmaker van die Boesmans
net soos die groot Waterslang die watermaker van hulle fonteine
is. Die Boesmanwoord vir "os" is Choro.
Die Reënbees is die man van 'Khwa, die Waters. Vroeër was hij 'n
mens wat rondgejag het, te voet gestap het en saam gespeel en gedans
het. Nou is hij 'n bees, wat hom in 'n Reënbul, of in 'n Reënkoei kan
verander. As daar droogte is, en die mense wil reën hê, dan kom hulle
hom haal, lei hom rond en wijs hom al die plekke waar hulle reën wil
hê. Om hom in 'n goeie luim te krij, word om hom gedans, hande geklap
en gesing. Hulle prijs hom en smeek baie mooi bij hom om tog mooi te
laat reën, sodat die velde kan groen word, die Wild en Heuningbije weer
kan terugkom, en dat daar baie veldvrugte, uintjies en veldkos kan kom.
Hij is mak as hul hom nie kwaad maak nie, en verander hom ook in 'n
koei, sodat hul haar melk kan drink. Waar die Reënbees stap, trek daar
'n misdamp rondom hom; want die mistige weer is sij asem wat hij bij
sij neusgate uitblaas. Op die middag--as hij nie wil laat reën nie--,
dan rus hij, en dan blaas hij nie die misdamp uit nie.
Eenkeer was daar droogte in die berge waar die Bobiane woon. Die
voorman van die Bobiane gaan die Reënbees vra om tog bij hulle reën
te kom maak. Die Reënbees verander hom toe in 'n koei, sodat die
Bobiaan melk op die reis kan hê; want Bobiane is mos baie gek na melk.
Daardie Bobiaan was ook een van die ougeslag van Boesmans wat vanmelewe
gelewe het. Hij lei die Reënkoei orals rond en wijs waar hij die reën
wil hê, en net soos hij dors krij, melk hij die Reënkoei en drink
die melk.
Toe hij klaar het om al die plekke waar dit droog is, te wijs, bring
hij die Reënkoei weer terug. En toe begin dit orals pragtig te reën,
sodat die waters stroom en spoel.
In plaas van hieroor erkentlik te wees en baie dankie aan die Reënkoei
te sê, maak hij haar dood--net om die melkuier te krij, om dit met
hom saam te neem.
Na hij die Reënkoei doodgemaak het, krij hij 'n brandende dors en
'n knaende honger. Hij sien grasgroen karkoere (wilde waatlemoene)
lê; hij stap daarheen om te eet en om die water daarvan te drink. Dog
toe hij daaraan vat, verdroog dit en word stof.
Die honger en dors kwel hom toe erger, en hij hardloop na 'n fontein
toe, waar daar veldkos en water in oorvloed is. Net toe hij uit
die fontein wou drink, verdroog die fontein. Hij pluk toe van die
sopperige veldkos, dog alles verdor waaraan hij die hand lê.
Toe word die Bobiaan net benouwd, hij hol reguit na 'n groot kuil
water. Sonder om te wag, spring hij pardoems, daarin. Maar weg is
die water en hij val op droë grond.
Arrie, nou gaan dit smoor: die honger vat hom straf op, en die dors
kwel hom so dat hij wou beswijk. Nou hol hij reguit ander mense toe
en roep net: "Water, water!"
Die mense gee hom 'n Volstruiseierdop vol water. Maar net toe hij
wil drink, verdwijn die water. Hij smeek om meer. Hulle gee. Maar net
soos hij sij lippe daaraan sit, weg is die water. Hij bid toe om kos;
maar met die kos het dit glad nie anders gegaan nie.
Toe vra die mense aan die Bobiaan: "Het jij nie die Choro-koei (of
Reënbees) geslag nie?"
Hij wou eers lieg; maar hij word vir die dood bang, so antwoord hij:
"Ek het 'n koei geslag; maar ek weet nie of sij die Reënkoei is nie."
Toe roep die mense uit: "Man, hol na die plek waar jij die Choro-koei
geslag het en roep uit: "Choro, Choro, word weer lewendig--net soos
jij tevore was."
Sonder 'n oogknip te versuim, weg spring die Bobiaan na die plek toe en
roep uit: "Choro, Choro, word weer lewendig--net soos jij tevore was!"
Die Reënkoei spring op en staan die Bobiaan ewe treurig aan te
kijk--sij voel net bedroef en kroeserig.
Die Bobiaan vlie kort om--weer reguit na die mense toe. Die lug was
warm, en hij wou vir die hitte in die koelte gaan sit; maar die koelte
skuif weg na die anderkant van die boom. Hoe nader hij na die koelte
stap, hoe verder die koelte wegskuif. Die mense bring water en kos;
maar net soos tevore: as hij wil drink, verdwijn die water, en as
hij wil eet, weg is die kos.
Toe vra die mense aan die Bobiaan: "Het jij niks agtergehou nie?"
Hij antwoord: "Ja, ek het die melkuier vir mij gehou; ek het seer oë
en gebruik die melk daarvoor."
Toe roep die mense uit: "Hardloop terug en roep uit: "Choro, Choro,
hier is die melkuier, toe word nou eenmaal reg, dat ek ook gesond
kan word." Hij gaan en doen dit.
Hierop word die Reënkoei weer soos sij tevore was en sij laat dadelik
reën op die plek waar hulle op die oomblik staan. Daar kom toe 'n
vloed water waarop banke Sprinkhane drijf. So het die Bobiaan toe water
en kos genoeg. Dog die vloed rijs hoër en hoër, waardeur die Bobiaan
verplig was in 'n boompie te vlug. Die drijwende Sprinkhane klouter
ook in daardie boompie op, sodat hulle die Bobiaan nes 'n swerm Bije
toepak. Die Bobiaan kon toe nie asem krij nie, en van die gewig van
die Sprinkhane buig die takke, sodat die Bobiaan in doodsangs tot aan
sij nek onder water sit. So nou en dan slaan daar 'n golf oor sij kop.
In hierdie benouwdheid het die Reënbees die Bobiaan tot die ander
dag laat sit. En toe eers het die Reënbees die waters laat opdroë.
Toe die Sprinkhane droog en warm word, vlie hulle weg, en toe eers
krij die Bobiaan kans om in vrede huistoe te gaan.
Maar net verniet, hij het nog nie sij streke laat staan om melkdiere
en jong lammers te moveer nie.
Die Waterbees se woonplek is langs die groot Waters, en hij is baie
gek na die Wind. Baiekeer gaan die Wind hom roep en wijs dan die
plekke aan waar reën nodig is. So gebeur dit baie kere as die Wind
sterk gewaai het, dat dit op daar die plekke begin te reën.
Ook die Vuur roep die Reënbees en gaan dan bo in die wolke sit. Hij
bring dan die wolke uit die see op en laat op die land reën. Die
onweer is in sulke gevalle 'n tamaai groot Voël [2], wat weerligstene
uit die wolke op die grond gooi om te wijs waar die reën moet val.
NO. 11
DIE GROOT WATERSLANG.
OPMERKINGS:--Hierdie Storie is slegs 'n kort verhaal van die
groot Waterslang, wat so 'n vername rol in die Boesmanfabelleer
speel. Ons sal later meer van hom hoor. (Sie ook "Die Brandwag"
van 15 November 1912, bladsij 376).
Die groot Waterslang is die dogter van die Waters en Reënbees. Sij kan
haar groot of klein maak--net soos sij verkies. As sij 'n reusagtige
vorm aanneem en swem in 'n rivier, op of af, dan laat sij die waters
in die rivierbed so hoog rijs dat die waters die walle oorstroom;
draai sij haar dwars in die rivier, dan dam die rivier ver op.
Die groot Waterslang dra 'n pragtige, skitterende steen op haar kop. Op
'n groot afstand is die glans van daardie steen sigbaar, en dit flikker
met uitskietende ligstrale wat die lig van die Maan vér oortref; want
dit kan duidelik op die middag in die helderste sonskijn gesien word.
Die Waterslang heg 'n groot waarde aan daardie kosbare steen. Nooit
sal sij haar in die water waag nie, of selfs water drink nie, sonder
die steen eers op 'n veilige plek weg te steek. Dit neem haar 'n lang
tijd om 'n veilige wegsteekplek te vind. Het sij so 'n plek gekrij,
dan lig sij haar voorlijf hoog op om beter te kan rondkijk of iemand
haar nie sien nie. Gewaar sij niemand nie, dan eers skuif sij die steen
van haar kop, verberg dit daar veilig en waag haar in die waters. Sij
is egter nooit gerus nie, maar kijk gedurig in die rigting van die
steen om te sien of sij daar niemand in die nabijheid van die steen
gewaar nie.
Gewaar sij iemand in die nabijheid, dan kom sij windsnel uit die
water en bestorm die persoon en maak hom òf dood òf vermink hom
vir lewenslank.
Geluk dit iemand om die steen in besit te krij sonder dat die
Waterslang die persoon kan uitvind, dan is so 'n mens vir sij hele
lewe gelukkig; hij word met presente oorlaai, sodat hij naderhand
met al die goed opgeskeep sit. Die Waterslang treur haar dan dood,
na sij 'n ellendige lewe gelei het.
Maar vind die Waterslang die dief uit, dan word die dief bitter
ongelukkig--sij vrouw en kinders sterf al die eerste dag, en al sij
goed word van hom gesteel of raak somaar sonder oorsaak goedsmoeds
weg. Die dief word sieklik, kwijn en kwijn en sterf naderhand 'n
aaklige dood.
Daar was eendag 'n jong Boesman van die ougeslag. Hij het die ouvolk
baie oor daardie Waterslang hoor gesels, hoe rijk die slang iemand kan
maak, hoe sij haar mense ken en hoe mooi en goed sij hulle versorg,
hoe sij die Waters vir haar mense in die droë fonteine laat kom;
maar hoe sij aan die anderkant die volste fontein vir vreemdelinge
laat opdroë, terwijl sij die sterkste strome tot niet kan maak.
Daardie jong Boesman krij 'n plan in sij kop om die Waterslang van
haar steen te ontroof; maar hij verklik sij plan daaromtrent aan
niemand nie. Aldag gaan hij daar ver op 'n koppie vir hom wegsteek om
te loer waar die Waterslang haar steen wegberg. Toe hij die plek al
goed ken, waag hij dit om onder in 'n gat daar bij die plek te gaan
wegkruip. Hij krap gras en bossies oor hom, sodat die Slang sij ruik
nie kan krij nie, en verder lê hij so stil as hij maar kan.
Op die gewone tijd kom die Slang en verberg haar steen toe op die
plek. Sij seil water-toe om in die groot rivier te gaan baai.
Toe die jong Boesman dit veilig ag, kruip hij na die steen toe en
draai dit dig toe in baie soorte goed. Daarop kruip hij weer weg en toe
hij uit die gesig was, hol hij so wat hij geleer het. Tot sij geluk,
die Slang het hom nie gesien nie.
Toe die Slang genoeg in die water gespeel het, gaan sij weer na haar
steen toe. Maar toe sij op die plek kom, was daardie steen weg. Die
eerste wat sij doen, was om spoor te soek. Sij soek en soek, snuffel
en snuffel, en eindelik vind sij tog die spoor en volg dit stap vir
stap tot sij bij die hutte kom waar die jong Boesman woon.
Arrie, was die mense nie verskrik toe hulle die groot Waterslang
bij hulle sien uitkom nie? Die vurige kijk van die Slang het die
uitwerking dat geeneen kon vlug nie. Want 'n Slang kan mos 'n mens
aantrek dat hij doodstil sit en nie kan wegkom nie.
Die groot Slang seil tussen hulle in. Sij deursnuffel die klere van
algaar daar. Die jong Boesman het intussen sij lijf van bo tot onder
vol boegoe gesmeer, sodat hij nou glad 'n ander ruik het. Al die
mense sit doodstil sonder te roer.
Toe die slang niks bij die mense ruik en krij nie, begin sij die
plek deur te snuffel: sij soek onder die kooigoed, in die potte,
onder die velle, tussen die skerms, ja, orals en orals; maar sij vind
niks nie. So seil sij treurig weg.
Niemand van die mense daar het geweet dat die jong Boesman die steen
gesteel het nie, want hij het die steen in sulke goed toegedraai
dat die ligglans daarvan nie kan deurstraal nie, en het dit op so
'n veilige plek begrawe waar die Slang dit nooit sou krij nie.
Van daardie dag af was daardie jong Boesman baie gelukkig. Dit het
die ander mense toe agterdog op daardie jong Boesman laat krij. Hulle
het nie min bij hom aangehou om tog daardie steen te gaan wegbring nie.
Dog hij strij en ontken dat hij die steen het.
Algaar die mense, sonder dit te kan help, krij hom lief; hulle bring
presente en oorlaai die jongman met soveel geskenke dat hij daarmee
raad-op raak. Hij word bij die dag rijker en leef in oorvloed.
Maar sij gewete knaag hom; want die Slang begin te kwijn en te treur,
waardeur sij bij die dag uitteer. En sonderling, die Slang het ook
gek na daardie jong Boesman geword; want voorspoed lê mos in sij weg.
Wat die jongman nog meer besorgd gemaak het, is dat die fonteine in
die buurte skaars van water begin te word. So gaan hij stilletjies
een dag en bring die slangsteen weer na die plek waar hij dit gesteel
het en steek dit op dieselfde plek weg waar die Slang dit verberg het.
Toe die siek Slang daarop weer na hom toe kom, toe sê hij aan die
Slang: "Kom saam met mij, ek sal gaan om jou te help soek; krij ek
die steen, dan moet jij mij rijk maak."
Toe hulle bij die plek kom, vra hij aan die Slang waar die Slang die
steen verberg het. Die Slang wijs die plek, en daar vind hulle met
die grootste vreugde weer die steen.
Die Slang het darem haar guns van die jong Boesman nie onttrek
nie. Albei was voortaan gelukkig, en die Waters in die fonteine het
weer teruggekom; want die Slang ken mos haar eie mense goed en sij
versorg hul in alles na hulle behoefte. So het hierdie gebeurtenis
goed en voorspoedig afgeloop--wat maar heel min gebeur.
NO. 12
DIE SON IS DIE KOP VAN DANSER VUURMAN.
OPMERKINGS:--Hierdie Storie word op verskillende maniere vertel:
onderstaande is soos deur die beste vertellers verhaal.
Danser is die Vuurman, of die Vuurmaker. Hij het eers as 'n mens
rondgestap, uit sij kop het lig en warmte gestraal. Hij is die een
wat vuur in klippe, in die hout en in die wolke geplaas het. Waar hij
stap of gaan, daar is altijd lig en warmte; daarom het hij altijd
'n groot geselskap om hom heen gehad. Die jagters in sij nabijheid
kon sien waar die Wild is, en diegene wat na veldkos soek, kon dit
deur die lig van Danser se kop maklik vind.
Maar partijkeer is Danser lui om te loop en gaan ewe perdgerus sit. As
die jagters hom soebat om tog verder te loop, sodat hulle die Wild
kan sien, dan sit hij hulle uit te koggel en vra waarom hulle dan
nie self loop en lig maak nie. Ook het hij 'n manier oor hom gehad
om die geskiete Wild van die jagters af te neem.
Hieroor het die jagters kwaad geword; want die vrouwe is ontevrede
as hulle mans sonder kos thuis kom, en wanneer hulle niks het om
aan die hongerige kinders, wat oor kos huil, te gee nie; so raai die
vrouwe hulle mans aan om Danser maar dood te maak en dan sij kop op
'n lang stok rond te dra, sodat die mense kan sien.
Een jagter, wat die vrouwpraatjies goedvind, sê: "Goed, laat ons
Danser met gifpijle doodskiet om sij kop op 'n lang stok rond te dra,
sodat ons warmte en lig kan krij."
'n Tweede jagter merk op: "Ja, dis alles goed en wel; maar wie van
ons se oë is so taai om daardie sterk lig te verdra, en wie se hande
is so taai om daardie warm kop af te snij? Kom praat, laat ek hoor!"
'n Derde vra: "En waar krij ons 'n stok wat nie van die hitte sal
brand nie?"
Die vierde een merk op: "Mintig, julle is sleg om planne te maak! Ek
sal julle sê wat ons moet doen: Ons wag net soos Danser deur die water
stap--iets wat hij gereeld doen--, dan draf ons hom met die gifpijle
bij; val hij in die water, dan is sij lig en warmte mos weg."
Hierop antwoord 'n vijfde en sê: "Jij dink dat jij baie slim is,
maar tog is jij baie dom. Sê mij, wat help dit ons as Danser se lig
en warmte uitgeblus is? Dan sit ons tog weer in dieselfde ou donker
en koue."
Toe roep algaar gelijk uit: "Dis maar niks! Dis maar niks! Dan is hij
tog eenkeer van ons af en weg om ons nie verder te pla en te terg nie."
Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals, Kat en ander gee te kenne dat hulle met
die moord niks te doen wil hê nie; want hulle kan goed genoeg in die
donker sien. Hulle was ook mense van die ougeslag.
Maar die ander praters blij bij hulle plan: hulle hou Danser dop;
en net toe hij deur die water stap, skiet algaar gelijk; die pijle
tref hom, hij val vooroor in die water, en dood is die lig en weg is
die warmte.
Hulle hol nader, snij gouw Danser se kop onder die water af, en
daarop sleep hul sij lijf uit en sit sij kop op die wal neer, om te
kijk wat daarvan gaan word.
Maar Danser se kop en lijf wou nie doodgaan nie: die kop se oë kijk
rond en draai van een kant na die ander, en die lijf staan op en loop
sonder kop rond.
Die kop kan sien en praat, maar kan hom nie verroer nie; terwijl die
lijf kan rondloop, maar nie kan sien, hoor, ruik of praat nie. Die
kop roep na die lijf, maar die lijf hoor nie; die lijf weer soek na
die kop, maar kan dit nie vind nie; so loop hij in plaas van nader
na die kop toe, altijd verder en verder weg.
Die moordenaars van Danser stap toe weg.
Maar 'n meid stuur haar kinders om die kop van Danser in die lug op
te gooi, sodat daar lig en warmte moet kom. Sij waarskuw haar kinders
om tog mooi op te pas dat die lijf, wat daar rondloop, hulle nie in
die hande krij nie, anders sal die lijf hulle vermoor.
Die kinders stap toe versigtig daarheen. Die kop begin toe al te
droog en lig te gee, en dit was so warm toe die kinders daaraan vat
dat hul dit meteens in die lug opgooi.
Toe die moeders dit sien, roep hul uit: "Wind, Wind, kom en vat die
kop hoog op in die blouw lug dat ons kan lig en warmte krij!" Toe kom
daar 'n sterk warrelwind en voer die kop op tot bokant die wolke en
laat dit daar blij.
Die kop van Danser Vuurman word toe die Son.
Toe juig al die mense dat daar nou lig en warmte oor die ganse
Aarde is. Nou het hulle genoeg lig en het nie nodig om te verkluim
nie. Hulle roep uit: "O, Son, blij daar en gee ons aldag lig en
warmte! Daarvoor sal ons jou aldag dank en prijs. Groot is die Son,
wat al die mense tegelijk kan sien. Nou is daar lig, wat mense sal
belet om kwaad te doen. Wie nou kwaad doen, wie nou steel, wie nou
moor, sal gesien word. En die Son sal hom met sij hitte verbrand,
sodat die skelm nie meer onder ons sal woon nie."
Die kop van Vuurman is nou tevrede om daar bo in die lug te blij;
maar hij soek darem nog een streek deur na sij lijf. In die oggende
begin hij te soek bij die berge aan die oostekant. Hij klim soekende
hoër en hoër in die lug op, en as hij hoog genoeg geklim het, sak hij
nog soekende weer af, af, af tot hij aan die berge aan die westekant
kom en duik dan om daar in die diep waters van die See ook te soek.
Hij deursnuffel al die plekkies op land en onder water om te soek waar
sij lijf is, maar hij vind dit nie, want die lijf het so uitgeteer
en so verpot dat dit nou die fatsoen van 'n Krap aangeneem het. En
nou stap die lijf, nog al die tijd sonder kop, op en af, langs die
waters om die kop te soek.
As die Son weggaan, dan sorg hij dat die Aarde pik-, pikdonker is; want
in daardie dae was daar nog geen Maan of Sterre om snags te skijn nie.
So het die mense in daardie dae nie kwaad gedoen nie. Want in die dag
is dit lig, dan sien almaal goed; so het die kwaaddoeners geen kans
gekrij nie. In die nag is dit weer stikdonker, dan kan niemand sien om
rond te loop en kwaad te doen nie--dus moes iemand net maar blij waar
hij is. In die dag het die mense toe gejag en kos gaan soek; in die
nag het hulle gaan slaap en gerus; en daar was toe geen rondloperij
in die donker nie.
Selfs die wildgediertes moes snags thuis blij en ook hulle kos in
die dag soek. Dit was toe 'n tijd van vrede en gerustheid oor die
ganse Aarde.
NO. 13
DIE MAAN IS DIE SKOEN VAN DIE HOTNOTSGOD.
OPMERKINGS:--Ook hierdie Storie word op verskeie maniere vertel,
dog ons bepaal ons bij die beste vertellers, wat min of meer alles
in hierdie verhaal insluit. Hier word ons vertel dat die Haas die
oorsaak is dat die Dood die wêreld ingekom het--voor daardie tijd
het die gestorwene of vermoorde altijd weer opgestaan en geleef.
Die Hotnotsgod maak vir hom 'n paar netjiese skoene, waarmee hij dood
in sij skik was. Dog een van die skoene--die regter--was hard en dit
druk hom toe net seer aan die regtervoet; so sê hij aan sij dogter, die
Hamerkop (voël) om die skoen in die water te gaan sit om sag te word.
Hieroor was die groot Waterslang net erg gesteurd, omdat die Hotnotsgod
sij vuil skoen in die water durf laat plaas. Die Waterslang maak die
water in die nag net baie koud, sodat die hele dam die volgende môre
kliphard oorgeijs was. Die skoen sit toe binne in 'n stuk ijs.
Die Hotnotsgod stuur toe daardie oggend sij dogter, die Hamerkop,
om die skoen te gaan haal. Sij bring dit met die groot stuk blink ijs
daaraan. Hij vererg hom toe so daaroor dat hij die skoen weggooi--op
in die lug.
Die Hamerkop, wat die Windvoël goed ken, roep uit: "Windvoël, Windvoël,
vat die skoen op, op, op in die lug, dat ons snags ook lig kan hê!"
Daar kom toe 'n warrelwind, wat die skoen daar bo in die lug bring,
en los dit daar.
Die skoen met die stuk ijs word toe die Maan.
Die Maan met die blink stuk ijs daaraan begin toe in die nag te
skijn. Die mense van die ougeslag sien toe vir die eerste keer die
Maan. Hulle dek toe hulle gesigte met hulle hande toe en prijs en
vereer die Maan. Van toe af het hulle snags lig en hoef nie meer in
die donker rond te dwaal nie. Hulle kon toe snags gaan IJstervarke
jag en die Wild bij die waters voorlê en sien om hulle te skiet.
Hierdie ding het die Son glad nie aangestaan nie; want hij wou net
alleen in die lug geskijn het. Hij soek toe twis met die Maan. Die Son
is warm; want hij is die kop van Danser, die Vuurman. Die Maan is koud;
want hij is die versteende Waters. So probeer die Son om baie hitte
uit te straal om die ijs van die Maan te laat smelt. Die ijs smelt,
smelt, smelt tot net die sool van die skoen van die Hotnotsgod oorblij.
Toe huil al die mense dat die Maan nou dood is. Die groot Waterslang,
wat vir die waters in die fonteine sorg, hoor die gehuil en laat
'n fontein in die Maan kom om gedurig in die skoen water te maak,
sodat die water ijs kan word.
Die water in die skoen groei toe gedurig aan tot die hele skoen weer
vol water was; die water word ijs, en die Maan skijn toe weer in
volle krag.
Die Son spuug toe weer sij warm pijle op die Maan af, sodat die Maan
weer kleiner en kleiner word. Die gesmelte ijs word toe die nagdouw,
of maanwater, en die stukkies ijs word toe kapok en die rijp wat
snags val.
Toe die Boesmans weer die Nuwe Maan sien, bedek hul weer hulle oë met
albei hande en roep uit: "O, Maan, ons het gedink jij was heeltemaal
dood; maar nou sien ons dat jij weer lewendig na ons teruggekom
het. Nou weet ons dat die Son jou nooit sal doodkrij nie. Jij sal
doodgaan, maar sal altijd weer lewendig word. Maak ons net soos jij,
sodat wanneer ons oud word, ons weer van vooraf jonk word en nie
sterf nie."
Die Maan antwoord: "Julle sal oud word en altijd weer jonk word. Daarom
sal julle nooit sterwe nie. Julle sal, as julle oud is, net slaap en
uit daardie slaap sal julle gouw weer jonk ontwaak. Weer sal julle
jag, weer sal julle eet en drink, weer sal julle vrouwens en kinders
bij julle wees; want hulle ook sal nie sterwe nie."
So het die mense van daardie tijd nooit gesterwe nie.
Maar hoe het die Dood dan gekom?
Een aand toe die Maan ewe plesierig skijn, hoor hij 'n jongman
ontroosbaar huil. Hij vra aan die jongman waarom hij so bitter en
bedroefd huil.
Die jongman antwoord: "Mij moeder is dood, en ek sal haar nooit weer
sien nie."
Met diep meegevoel sê die Maan: "Wees maar getroos, mij seun. Jouw
ma sal weer lewendig na jou terugkom. Sij slaap net vir 'n rukkie,
maar is nie dood nie."
Die seun strij en antwoord: "Mij ma is regtig dood, die Wind is uit
haar neusgate gegaan, en die Vuur is uit haar lijf, so haal sij nie
meer asem nie en sij is stijf en koud."
Die Maan troos hom weer en sê: "Kijk na mij: ieder maand sterf ek
en word gouw weer lewendig, en so sal dit ook met al die mense gaan:
hulle sal net 'n rukkie slaap en weer ontwaak."
Maar die seun strij toe eers hard met die Maan; waaroor die Maan net
kwaad word. Hij gee die seun met die vuis 'n hou op sij bolip dat
die lip in twee splits, en so verander die jongman op die plek in
'n Haas, wat in die nag en in die maanskijn op die kweekplate gekromd
rondspring.
Toe sê die Maan: "Om jou ontwil sal ek al die mense vervloek. Hulle
sal voortaan sterwe en nooit weer in lewe terugkeer nie. Maar as hulle
nie met mij strij nie, en nie maak, soos jij, om mij tot leuenaar te
maak nie, dan sal ek mij weer eendag oor al die mense ontferm om hul
eendag uit hulle grafte op te wek."
So is die Dood deur strij van 'n Haas in die wêreld gekom.
NO. 14
DIE STERRE IS KOLE EN AS.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel van waar die Sterre
kom, en hoe Kwaad op Aarde vermeerder het.
Die Maan het voortgekom uit die regtervoetskoen van die Hotnotsgod,
'Kaggen. Die Hotnotsgod maak toe weer 'n ander skoen in plaas
daarvan. Dog, die Maan het daar niks van gehou dat 'Kaggen sij maters,
die skoene, so moet trap as daarmee geloop word nie. So laat die Maan
van die maanwater val, dat die skoene gedurig moet nat wees, sodat
'Kaggen hulle nie kan aantrek nie.
Die Hotnotsgod roep toe sij ander dogter, wat later die Uil geword het,
en hij sê aan haar om die nat skoene langs die Vuur te gaan plaas om
droog te word.
Hieroor was die Son weer nie in sij skik nie, dat 'Kaggen sij vuil
skoene naas die Vuur durf plaas. So laat hij die Vuur kwaai vlam,
sodat die skoene kan verbrand. Toe die Hotnotsgod stuur om sij skoene
te haal, was hulle verbrand, waaroor hij nie min met die Uil raas nie.
Die Uil self was net daaroor vererg en sij vat die kole en gooi dié
in die lug en roep uit: "Toe, kole, word Sterre, dat ons snags lig
het as die Maan en Son slaap!" En tot die gloeiende as sê sij: "Toe,
as, word die Melkweg om die Sterre te help lig gee. Kom gee lig, dat
die mense in die nag kan sien en nie nodig het om thuis te sit nie."
Toe kom daar weer 'n groot warrelwind en voer die kole en as tot
ver bokant die wolke: die glinsterende kole word toe die flikkerende
Sterre, en die gloeiende as word die Melkweg, wat soos 'n verligte boog
oor die Aarde staan. Toe kom daar genoeg lig om snags rond te stap.
Toe die Son die volgende dag agter die berge oprijs, sien hij die
Uil sit en hij vra aan haar: "Wie het die lug vol kole en as gegooi?"
Die Uil antwoord: "Ek; want dis snags so donker dat niemand kan sien
om te loop nie."
Hierop sê die Son: "Weet jij dat jij 'n groot kwaad aangerig
het? Nou sal die mense in die nag rondstap om kwaad te doen. Ek het
die nagte so donker gemaak dat die mense nie hulle hande voor hulle
oë kon sien nie, en toe moes hulle thuis blij en slaap--die dag is
mos lank genoeg om te jag en rond te loop, om te gesels en om pret
te maak; maar nou sal jij sien dat jij die deur geopen het om kwaad
te doen. Ek sal hard probeer om die Maan uit die lug te krij, sodat
daar geen maanskijn sal kom nie. In die dag sal ek die Sterre voor
mij wegvee. Maar hoe omtrent jou, mij suster? Voortaan sal jij in
die nag met sterrelig moet rondvlie; want sien ek jou in die dag,
dan sal ek jou ook verbrand tot as, nes ek met die skoene gemaak
het. Al wie vir jou sien, sal jou oor daardie dwaas daad bespot. Toe,
gaan weg uit mij gesig en loop boer in die nag! En jij sal sien dat
die Sterre jou bedroef min lig sal gee--net genoeg vir boosdoeners
om kwaad te doen. Die Sterre is te gering om vir julle warmte te gee;
daarom sal julle snags van koue sit rittel en bewe."
Die Uil vlie toe weg om haar te gaan wegsteek; want waar sij in die
dag rondvlie, word sij bespot.
En nou sit sij te peins oor wat sij gedoen het--of dit reg of verkeerd
is. Waar sij sit, roep sij uit: "Hò, Hòa," wat in die Boesmantaal
beteken "oplig, opgelig." Daarmee vra sij haar af of sij kwaad gedoen
het deur die kole en as in die lug opgegooi of opgelig te hê.
Die Son het die Uil in die dag blind gemaak; so het sij van daardie
dag af nooit weer haar broer, die Son, gesien nie. Sij verlustig haar
nou in die Sterre en Melkweg, of Hemelstraat, wat sij self gemaak het.
Dit het toe so gekom, nes die Son voorspel het; van toe af loop Leeuw,
Tier, Wolf, Jakhals en IJstervark weer snags rond om te moor en te
rowe. Van toe af het die kwaaddoeners vermenigvuldig; want hulle het
nou snags genoeg lig om te sien, terwijl ander hulle nie van veraf
kan beken nie.
NO. 15
DIE HAMERKOPVOËL EN DIE PADDAS.
OPMERKINGS:--Hierdie Storie lewer ons iets oor die bijgeloof van
Boesmans en vertel hoe die Hamerkopvoël alles in beelde op die
water kan sien. Dit gee ons ook die herkoms van Blomme en Paddas
wat in die water groei en woon.
Die Hamerkop is nie somaar vandag se Voël nie. Sij was eers 'n mens
van die ougeslag en is 'n dogter van die Hotnotsgod, wat haar later in
'n Voël verander het.
Sij is baie goed bevrind met die Waters, wat aan haar die portrette
toon van alles wat gebeur en nog sal gebeur. Al wat die Hamerkop
te doen het, is net om in die Waters te kijk en dan sien sij alles
daarin. In die dag spieël die Son, Lug, Bome, Diere en alles wat daar
nabij is, hulle daarin af. Kleur vir kleur is daarin sigbaar. In
die nag kan ons die Maan, Sterre, Melkweg en al die ander goeters
daarin sien. Selfs as iemand in die donker anderkant die water loop,
dan kan ons hom amper so duidelik sien asof dit in die dag is.
Maar die Hamerkop sien nog meer in die water as wat die mense kan sien:
Sij sien dinge wat daar ver gebeur, en sij verstaan die betekenis
van dit alles. Ons mense sien dit wel, maar verstaan daar niks van
nie. Daarom moet ons ag slaan op die Hamerkop en luister na wat sij
ons kom vertel.
Word daar ver 'n kind gebore, of trouw daar mense, of lê daar iemand
siek, of sterf hij, dan het niemand nodig om dit aan die Hamerkop te
kom vertel nie--sij het dit lankal in die Waters gesien.
Wat sij gesien het, kom sij aan die famielie en vrinde van die persone
in haar eie taal en op haar eie manier vertel. Daarom slaan diegene wat
slim en verstandig is, ag op die Hamerkop, daar sij nie een is wat lieg
nie. 'n Mens kan op haar woord gaan. In die aand, as dit skemer is,
kom sij na die huise van die mense waar sij die tijding wil bring. Sij
vlie oor die huise, skree treurig en vertel dan wat sij te vertel het.
Sij kan ook dinge vooruit sien en kom dan die betrokke persone
waarskuw om tog nie fout te maak nie. Die Waters is bij haar iets
heiligs. Mors die jongmeide daarin, of laat houtas in die fontein
val, of laat hul 'n pot Water in die Vuur omslaan, dan gaan sij dit
aan die groot Waterslang en aan Danser Vuurman vertel. Hierdie twee
laat dan wolke opkom en gooi daaruit vurige swaar-weer-stene, om die
jongmeide mee te dood. Lê die jongmeide dood, dan spoel die strome
hul na 'n gat Water toe, waar die jongmeide dan Blomme word wat in
die Waters groei om daar tot sieraad van die Waters te wees.
Daarom is dit dat die moeders vandag nog hulle kinders waarskuw om tog
nie die Waters se Blomme af te pluk nie. Is die kinders stout en stap
in die Water, dan duik die Blomme gouw onder die Waters. Dan kom die
groot Waterslang en trek die ongehoorsame kinders onder die Waters,
en daardie stout kinders word dan Paddas, om vir die groot Waterslang
saands te sing en te dans.
Die Waterblomme was dus eers jongmeisies, en die Paddas was vroeër
die onwettige kinders, wat ongehoorsaam was.
Partijkeer, as daar 'n stuk of wat Hamerkoppe bijmekaar is, en hul
sien iets goeds in die Water, dan is hulle vrolik. Hulle word dan
net baie blij en begin somaar van vreugde om mekaar te dans. As hul
nie kom vertel wat hul daar gesien het nie, dan moet ons weet dat
dit goeie tijding vir hulleself is. Maar vlie hulle op en kom na die
persoon wat vir hulle staan kijk het, dan bring hulle die tijding
dat daar baie Wild aan kom is, en sê dat die mense hulle pijle moet
reghou. Hieroor word algaar blij, klap hande en prijs die Hamerkoppe
vir daardie goeie tijding.
Eendag stuur die mense hulle kinders na die Water toe om drinkwater te
gaan haal. In plaas van gouw te kom, blij die kinders daar speel. Hulle
vat klippe en stokke en gooi en slaan die Paddas daarmee dood. Hieroor
word die Wind kwaad, omdat daardie stout kinders uit onwettigheid die
Paddas, die kinders van die Waters, doodgegooi het. Hij vat daardie
kwaaddoeners van kinders in 'n warrelwind op, voer hul hoog in die
lug, totdat hul binne die wolke kom, en toe verander hij die kinders
in Paddas en dit reën toe Paddas uit die lug, soos ons soms vandag
nog sien.
Die ouers kom toe na die kinders soek, en was net ontevrede dat hulle
kinders nou in Paddas verander is. Hieroor word die Warrelwind ook
kwaad, verander die ouers ook in Paddas, en laat hul ook saam met die
reën uit die lug val. Op hierdie manier word ongehoorsaamheid gestraf.
Nou moet die Hamerkop oppas dat die Paddas nie uit die Waters gaan
nie. Krij sij een buitekant, dan maak sij hom dood en eet hom op. Die
werk van die Paddas is dus om saands te sing en te dans. Die babetjies
word in swart karossies toegedraai, sodat geen armpie of beentjie
uitkom nie--net as hulle groter word dan steek hulle eers die armpies
en beentjies uit, en daarop gooi hul die swart karossies weg en is
dan die jong Paddatjies.
As die winter kom, word die Waters koud, dan vlug die Paddas in droë
gate in die Grond. Maar die Grond is die Dogter wat aan slaap geraak
het. So slaap, slaap die Paddas ook die hele winter deur. Maar as die
donderweer hul met die begin van die somer wek, dan eers skrik hul
wakker en begin weer te sing; want die Waters roep hul om te kom dans.
NO. 16
DIE UIL EN DIE MUISE.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie vind ons nog meer verhaaltjies
van Boesmanbijgeloof en ook van Opstanding.
Die Uil is ook 'n Voël van baie groot betekenis. Net soos die
Hamerkopvoël kan hij baie dingetjies sien wat gebeur en nog sal
gebeur. Die onderskeid is net dit: Die Hamerkop sien dinge in die dag
in die Waters, en die Uil sien in die nag aan die Maan en Sterre wat
aan die gang is. Die Uil is mos die Voël wat die Sterre en Hemelstraat
gemaak het, deur kole en as in die lug te gooi. Nou vertel daardie
Sterre en Melkweg haar van alles wat sal plaasvind. Ieder mens het
sij eie Ster. As daar 'n Ster besonder blink, of verskiet, of 'n
stert krij, dan weet die Uil al dadelik wie se Ster dit is, en waar
hij die tijding of boodskap moet gaan bring.
Die Uil laat haar ook gemaklik betower deur een of ander toornaar, dan
gaan sij bij die huis van die ongewenste persoon nare geluide maak. Kom
so een uit om haar weg te ja, dan val hij op die plek morsdood.
Ons mense kijk ook na die Sterre. En wat verstaan ons daarvan? Maar
die Uil verstaan alles. Sij let op of die Ster ogies knip, rooi, wit of
blouw word, of die Ster 'n stert, of roei, gaan krij, en dan na watter
kant die Ster verskiet, en na watter kant die stert van die Ster wijs.
Die Sterre gesels ook met haar deur boodskappe met die Vuurvliegies te
stuur. Op dit alles slaan die Uil ag. Daarom gee diegene wat slim en
vernuftig is, goed gehoor aan die Uil; want sij lieg nie: sij vertel
altijd die waarheid.
Gooi iemand haar met klippe, bespot en lag hij haar uit, dan kom sij
nie gouw weer nie. Maar bewaar die een as sij dan weer terugkom!--dan
bring sij slegte tijding. Daarom pas op om 'n Uil nie kwaad te doen
nie. Sij vergewe nie en kom later om jou te straf vir wat jij aan
haar gedoen het.
Die Uil en die Slange is ook goed bevrind. Soms as sij 'n boodskap
het van iemand wat reeds dood is, dan gee sij die boodskap aan 'n
Slang. Daardie Slang seil dan na die graf van daardie persoon wat
die boodskap gestuur het. Hij wag dan daar bij die graf. As iemand
die Slang daar sien, dan moet hij weet dat die afgesterwe persoon
laat weet dat hij gelukkig is, dat hij wens dat sij agtergeblewe
mense ook gelukkig moet wees, en daarom verlang hij dat die mense
'n groot maaltijd en vrolikheid om sij ontwil moet maak. [3]
Die mense bring dan baie kos, eet en maak vrolikheid.
Die Maan vertel ook baie dinge aan die Uil; want die Maan kan ver oor
die wêreld sien. Die Uil verstaan die Maan net goed: sij kijk net na
watter kant die horings van die Maan wijs; sij let op na watter kant
die hol bak van die Maan gedraai is. Die Geeste gaan in die hol bak
deur die lug rij; maar namate die holte opvul, gee die Geeste pad,
en as dit Volle Maan is, dan is daar geen plek vir hulle nie--dis
nou uitklimtijd se dinge daardie.
Nou, die Uil is nie so agterhoudend as sij lijk nie. Sij kom dit aan
ons vertel; maar ons moet mooi luister.
Daar was eendag 'n oujong en oumeid wat nie na die Uil wou geluister
het nie. Hulle het die Uil met klippe gegooi en haar uitgeskel en tot
leuenaar gemaak, terwijl hulle self leuenaars en bedrieërs was. Die
Uil was so vrindelik om aan daardie twee oues te kom vertel dat hul
dadelik moes vlug; want daar is 'n Leeuw wat na hulle verneem om
hulle op te vreet.
Die twee oumense roep uit: "Dit jok jij! En dan, ons is glad nie vir
Leeuws bang nie! Ons ken hier nabij net een Leeuw, en van ouderdom
het hij geen tand meer in sij bek nie." Onder die praat laat die Uil
sij mes val; hulle hol toe, tel dit op en wou dit nie weer teruggee
nie. Daarop steek hul die Uil onder die klippers en skel hom met
lelike woorde uit.
Daarop vlie die Uil bedroef weg.
In die nag begin dit kliphard te reën. Die onweer was straf. Onderwijl
hoor hul 'n Leeuw in die verte brul en aan die gebrul kon hul hoor
dat die Leeuw nader kom. Toe word hul bang en vlug. Maar toe hul
'n laagte wou deurvlug, was dit kant en wal vol. Hul vlug toe langs
die bruisende stroom op en daar vèr sien hul die vuur van ander mense
brand. Hulle hardloop daarheen en vertel toe aan die mense dat hulle
(die vlugtelinge) koud is, en vra velle om onder in te kruip. Die
mense gee aan die twee vlugtelinge baie velle om hulle in toe te rol.
Dog die Leeuw het die spore van die twee gevolg, en toe hij bij die
hutte kom, vra hij waar daardie twee vlugtelinge is; want hij wil
hulle hê om hul stukkend te skeur. Dog die mense het jammer vir die
twee gehad, so bring hul 'n halwe Hartbees na die Leeuw. Hij wou
daaraan egter nie eet nie, maar dwing net oor die twee vlugtelinge.
Toe kom die Uil ook daar en vertel wie dat daardie twee oues is,
dat hulle diewe en leuenaars is. Toe bring die mense die twee uit en
oorhandig hul aan die Leeuw, wat hul op die plek aan flenters skeur,
sonder die bloed eens te lek of 'n stukkie van hulle vleis te eet.
In die nag het die maanwater op die stukkies vleis geval, daar het
lewe ingekom, en ieder stukkie het 'n Muis geword.
So het die Muise uit leuenaars, diewe en bedrieërs voortgespruit en
daarom kan hul tot vandag toe nie hulle streke laat nie.
NO. 17
DIE REËNBOOG.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel hoe die Reënboog
ontstaan het en dat die Reënboog 'n goeie verlokker is.
Die Reënboog is die Dogter van die Opgewing, of Lugspiegeling. Sij
was ook eers 'n mens van die ougeslag; maar het later die vorm van
die Reënboog aangeneem, en dit het so gekom:--
Die Opgewing haar dogter het bij haar daar op die Vlaktes gewoon. Net
soos haar ma, die Opgewing, het die dogter daar groot plesier in gehad
om die gek met iemand te skeer; daarom het sij so baie van mooi klere
aantrek gehou. Sij was ook, net soos haar ma, sonder spraak--jij sien
haar wel, maar hoor haar nooit nie. En tog het sij baie liefhebbers
gehad, waaronder die Windvoël en die Reënbees was.
Die Windvoël, wat die winde laat waai, het baie na daardie dogter toe
kom kuier. Dan vertoon hij hom as Voël in sij beste veredrag en voer
met hom saam die geure van al die lekkerruikende blomme en kruie. Sij
het egter nie groot sin in die Windvoël gehad nie, maar het meer van
die Reënbees gehou. Maar die Wind is sterker as die Reën--so moes
sij maar haar beurt afwag.
Een dag kom die Windvoël skoon en netjies aangevlie. Die dogter kon
hom reeds op 'n afstand hoor aankom; want hij klapwiek so liefies
en vrindelik met sij vlerke, wat gebalsem was met die heerlikste
geure. Sij kom uit haar hut en gaan voor haar deur sit en wag. Die
Windvoël kom en gaan ook ewe vrindelik voor haar sit. Sij stap op en
begroet hom deur haar hand oor hom te strijk en hom met die poeier van
lekkerruikende blaartjies te bestrooi. Sij hou haar ewe lief en soet.
Na hom nog 'n rukkie gestreel te hê, gaan sij ewe liefkosend op sij
rug sit, hij brei sij vlerke uit en daar stijg hij in die lug op en
vlie met haar daar na die berge toe, waar sij huis in 'n klipgrot is.
Maar daar in daardie kliphuis was 'n koue lug, wat haar glad nie
beval het nie; maar sij laat niks merk nie--bowendien, die plek was
nouw en ongerieflik; maar sij hou haar ewe tevrede. Sij vra toe deur
tekens waar die kos en water is. Dog daar was geen kos en water nie;
so sê die Windvoël vir haar om maar daar 'n bietjie te wag, hij sal
alles gouw gaan haal; want hij weet waar die beste te krij is.
Hij vlie toe oor die berge, en sij blij daar in die klipgrot wag. Hij
vlie ver en blij 'n goeie ruk weg.
Toe die Windvoël terugkom, was die dogter skoonweg; want sij het
intussen gevlug en het vir haar daar op die Vlaktes bij haar ma,
die Opgewing, onder die grond gaan wegsteek, waar die Windvoël haar
nooit sou uitsnuffel nie.
Die Windvoël voel toe dat hij deur die meisie bedroë was en was
daaroor nie min gesteurd nie. Maar haar moeder, die Opgewing, het
goed verstaan om die Windvoël in 'n goeie luim te hou, sodat hij nie
moet kwaad word en alles verwoes nie.
Die Waterslang, wat ook onder die grond rondseil, het gouw uitgevind
waar die dogter haar nou ophou; sij gaan dit toe aan haar vader, die
Reënbees, vertel. Die Reënbees woon in 'n seekoegat: as hij daarin is,
dan is die gat vol water; maar gaan hij uit om te wei, dan word die
gat droog en 'n misdamp, wat die asem van die Reënbees is, omring hom,
sodat niemand hom in daardie mistige weer kan sien nie. Hij stap toe
reguit na die meisie toe. Alles was stil; want die Windvoël het ver
oor die berge gevlie en sou vir dae wegblij.
Sij ruik die heerlike ruik van die reën wat die Reënbees maak, en kom
onder uit haar onderaardse woning. Die Reënbees kom voor haar kniel
en gaan ewe lief lê en was net vrindelik.
Die meisie staan toe op en klop liefkosend met haar hand teen die
Reënbees se nek en strooi oor hom ook fijngemaakte kruiebossies en
lekker-ruikblare. Na sij 'n rukkie met hom gespeel het, gaan sij ewe
plesierig op sij rug sit. Hij staan op en stap met haar--hoog in sij
skik--weg na sij huis, die seekoegat, toe.
Op weg daarheen sien sij 'n klomp groot bome staan; sij sê toe dat
sij moeg voel en wil eers daar onder die bome gaan rus. Die Reënbees
stap daarnatoe en gaan teen 'n stam van 'n groot boom in die skaduwee
lê. Die meisie blij op sij rug sit, dog strooi weer kruie op die kop
van die Reënbees; hij krij daarvan vaak en val vas in die slaap.
Toe sij dit gewaar, dros sij stilletjies weg--reguit na haar moeder
op die Vlaktes toe. Toe die Reënbees wakker word, verbeel hij hom
een streek deur dat die meisie nog op sij rug sit, en hij stap toe
na die seekoegat toe. Maar toe hij in die water wil induik, toe eers
gewaar hij dat die meisie weg is. Hij word toe kwaad.
Maar die moeder van die dogter het reënbossies gebrand--bossies wat
gebrand word om die Reënbees tevrede te stel. So het hij afgekoel
van sij kwaai bui en het nie deur verspoelings skade onder die mense
aangerig nie.
Die Opgewing het toe haar dogter in 'n Reënboog verander, sodat die
Wind en Reën haar kan sien en bewonder, maar aan haar geen kwaad
kan doen nie. Sij het haar pragtige gekleurde klere behou en pronk
nog daarmee.
NO. 18
DIE HOTNOTSGOD EN BOBIANE BAKLEI.
OPMERKINGS:--In die Boesmanstories speel die Bobiane nogal
'n groot rol. Hulle word gewoonlik voorgestel as skrander en
sterk. Hier is weer sprake van 'n Opstanding en wel uit die Waters
Die Bobiane is mense van die ougeslag en is van 'n ander famielie as
'Kaggen, die Hotnotsgod. Daarom het hulle nooit ontsien om die ouman
en sij famielie te pla nie. Baiemaal as die kinders van die Hotnotsgod
gaan water haal, dan moveer die Bobiane hulle en ja hul van die water
af weg. Gaan die kinders veldvrugte pluk, of veldkos haal, dan vat
die Bobiane dit af en maak die kinders bowenop seer. Die kinders kom
dan bij hulle pa of oupa, die Hotnotsgod, daaroor kla.
So stuur 'Kaggen eendag sij seun om stokke te gaan haal. Hij wil
daarvan kieries en 'n boog maak om die Bobiane mee te gooi en te skiet.
Daar in die veld ontmoet die Bobiane daardie seun en vra aan hom
wat hij daar maak. Hij antwoord: "Ek kom stokke vir mij vader haal:
van hierdie gaan hij kieries maak en van daardie een 'n boog om die
mense te skiet wat op hulle hakskene sit."
Die Bobiaan roep toe sij maat wat daar naasaan wei, en sê: "Maat,
kom luister hier watter praatjies gesels die seun hierso!"
Die maat stap nader en sing:
"Ek kom nou,
En luister
Na die kind bij jou."
En hij vra: "Wat sê daardie seun?"
Die eerste Bobiaan antwoord: "Hij sê hij kom stokke vir sij pa haal:
daardie stokke is vir kieries, en die ander een vir 'n boog om die
mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet."
"A so!" roep die tweede Bobiaan uit en hij roep sij maat wat naas
hom gewei het, en sê: "Kom luister na die stories van hierdie seun!"
Die derde Bobiaan kom nader en sing ook:
"Ek kom nou,
En luister
Na die kind bij jou."
Hij vra toe wat die seun gesels, en toe die praatjies van die seun
oorvertel word, roep daardie Bobiaan ook sij maat wat naas hom wei. En
so het iedereen sij maat geroep, totdat algaar kom luister het.
Die allerlaaste roep hul die ou voorman. Hij kom en sing ook dieselfde
liedjie. Toe hul hom vertel dat die seun kom stokke vir die Hotnotsgod
haal om kieries en 'n boog van te maak om die mense wat op hulle hakke
sit, mee te gooi en te skiet, toe roep die ou uit: "Wie anders word
bedoel as ons! Grijp die seun, vat die stokke af en slaan hom!"
Die klomp Bobiane bestorm die arme seun en slaan hom met die stokke
en met hulle vuiste dat sij kopbeen breek en sij oog uit die kop
rol. Die seun was toe dood.
Toe grijp een die oog van die seun en roep uit: "Hier het ek 'n mooi
iets om bal-bal mee te speel. Die Bobiane staan toe reg. Die een wat
die oog vang, roep uit:
"Dis mij bal dié!"
Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:
"Dis jouw bal dié!"
En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:
"Dis mij bal dié!".
"Dis jouw bal dié."
Hulle speel toe net geesdriftig en val oor mekaar dat die stofdamp
opslaan.
Die Hamerkopvoël, wat alles gesien het wat daar gebeur, vlie oor na die
Hotnotsgod om te vertel wat die Bobiane aan sij seun gedoen het. Die
ouman spring haastig op, vat sij boog, pijlkoker en knapsak mee en
hij hardloop na die plek toe waar sij seun dood lê. Van ver af sien
hij reeds die stof soos die Bobiane bal-bal speel. Die trane kom in
sij oë en hij begin bedroef oor sij seun te huil. Maar voor hij bij
die Bobiane kom, droë hij die trane van sij oë af, sodat hulle nie
moet sien dat hij gehuil het nie.
Toe hij daar kom, sit hij sij boog, pijlkoker en knapsak neer, en hij
vra om saam te speel. In plaas van dadelik te antwoord, staan die
Bobiane die ouman met verwondering aan te kijk; want dis nie aldag
dat hul hom te sien krij nie. Die ouman, 'Kaggen, gaan tussen hulle
staan en begin mee te speel. Hulle wou die oog van sij seun nie na hom
toe gooi nie, dog hij spring vooruit en vang die oog toe hul dit na
'n ander Bobiaan gooi.
Meteens voel die oog dat dit sij vader se vat was, en toe die vader
dit gooi, rol die oog tussen die Bobiane rond. Hulle val oor mekaar
om dit in hande te krij; maar vang ieder skoot mis. Die vader vat
weer die oog en gooi dit na 'n Bobiaan; die oog gaan in die lug op
en verdwijn. Toe roep die Bobiane uit:
"Waar is mij bal?
Toe, gee dit hier!
Ek wil dit hê;
Maak gouw, maak gouw!"
Die oog het in die knapsak van 'Kaggen onopgemerk ingekruip. Die
Bobiane soek orals rond, maar vind dit nie. Een roep uit: "Kom ons
deursoek die pijlkoker en knapsak!"
'Kaggen roep uit: "Pas op, as jul aan mij goeters kom!" Maar onopgemerk
pak hij die oog in sij knapsak met sij een hand, verberg dit in
die palm van sij hand. Hij skud die knapsak uit, keer dit om en sê:
"Kijk hier is niks." Daarop sit hij die knapsak weer neer en verberg
die oog daarin. Toe ondersoek hul die pijlkoker en vind ook niks.
Toe roep die Bobiane algaar tesame uit en sê:
"Waar is mij bal?
Toe, gee dit hier!
Ek wil dit hê;
Maak gouw, maak gouw!"
En hulle begin die Hotnotsgod met die vuiste te slaan. 'Kaggen slaan
terug, en die geveg word heftig. Die Bobiane was baie in getal en
so raak hul hom baas. 'Kaggen hol na sij goed, pak dit en hol vinnig
weg. Die Bobiane blij agter en soek een streek deur.
Daar voor bij die water gaan 'Kaggen sit en was hom met water. Hij haal
die oog uit sij knapsak en plaas dit in die water, met die woorde:
"Toe, liggaam van mij seun, kom hiernatoe; kom lê hier in die water
dat jouw oog weer op sij plek kan aangroei, en word weer net soos
jij tevore was."
Toe kom die liggaam van die seun deur die lug en val bij die oog in
die water. Daarop stap 'Kaggen huistoe; want hij voel siek van die
slaan en veg.
Toe hij bij sij huis kom, vra een: "Oupa, waarom is jij so vol bloed
en wonde?"
'Kaggen vertel toe dat die Bobiane sij seun dood gemaak het en met die
oog bal-bal gespeel het. Hij vertel dat hij gaan saam speel het--net om
die oog in hande te krij, en toe raak hul aan baklei. Hierop bestraf
die kleinkind sij oupa en sê: "Oupa is so oud en waarom loop oupa
alleen in die veld rond?"
Toe 'Kaggen weer alleen was, stap hij van huis reguit na die gat
water toe. Toe hij daar aankom sien hij sij seun buitekant in die son
sit. Die ouman was blij en stap stadig nader; maar die seun hoor hom
en spring pardoems! nes 'n Padda in die water.
Die ouman draai toe om, gaan huistoe en vat 'n voorvel en 'n karos
vir die seun. Daarop stap hij terug.
Hij stap weer stadig, en net toe die seun die water wou inspring,
pak die Hotnotsgod hom aan die arm en roep: "Moenie bang wees nie;
ek is jouw vader, 'Kaggen, en jij is mij kind. Dè, hier is klere,
wat ek vir jou gebring het, trek dit aan en kom saam met mij huistoe."
Op hierdie woorde herken die seun sij vader, en na hij sij voorvel
en karos omgesit het, stap hij saam huistoe.
Bij die huis vra die kleinkind weer: "Oupa het dan kom vertel dat
oompie dood, en sij oog uit is, en hier is oompie dan gesond terug
bij ons?"
Die oupa antwoord: "Die waters het hom weer uit die Dode laat
opstaan. Hij is nog swak, en ons algaar moet hom nou mooi oppas tot
hij weer sterk en fris word."
Die seun het bij die dag sterker geword en is nou gesond.
NO. 19
DIE MEID VAN DIE WATERS.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel van 'n
veronderstelde Gees in die gedaante van 'n vrouw, wat die krag
besit om iemand met haar onsigbare wil die waters in te trek.
Daar was 'n jongmeid wat altijd water bij 'n fontein gaan haal
het. Daar nabij die fontein was 'n groot gat water, en in daardie
gat water het pragtige Blomme gegroei. Haar ma het haar dogter altijd
gewaarskuw om tog nie daardie mooi Blomme te gaan pluk nie; want hulle
is jongmeide wat na die water weggevoer was om daar Blomme te word.
Maar daardie Blomme was vir daardie jongmeid tog te aantreklik,
en die versoeking om hulle te pluk was tog te groot, sodat sij die
drang om hulle te pluk nie kon weerstaan nie. Sij wou dit maar net
eenmaal waag. Sij stap daardie gat water in, maar toe verdwijn die
Blomme onder die water, en die groot Waterslang trek meteens die
jongmeid ook in die water. Die jongmeid word toe nie in 'n Blom of
Padda verander nie; maar sij blij mens, wat die krag krij om ander
mense met haar onsigbare wil die waters in te trek--buitekant die
water het sij daardie mag nie besit nie. Sij was dus mens, maar kon
net soos 'n Padda in die water en daar buitekant lewe. So stap sij
van een gat water na die ander rond.
Die jongmeid het toe die Meid van die Waters geword.
In die water besit sij die mag om mense op onsigbare wijse in te
trek; daar buitekant betower sij weer die mense met haar skoonheid,
sodat hulle haar onwillekeurig volg.
Toe haar ma en die ander mense merk dat die jongmeid nie terugkom
nie, gaan hul na haar soek. Hulle krij haar bij die fontein nie;
toe stap hulle na die groot seekoegat, en daar sien hul haar karos en
haar armringe lê. Die moeder begin te huil, dinkende dat haar dogter
verdrink het.
Maar hulle voel nou dat daardie seekoegat 'n groot aantrekkingskrag
gekrij het; so word hul bang om na aan die kant te staan. Algaar huil
en gaan tekeer; want almaal het daardie jongmeid so lief gehad.
Meteens hoor hulle 'n vrouwspersoon daar bij die onderste seekoegat
sing; hulle kijk op en daar sien hul haar staan. Maar nou is sij
mooier en sij het pragtiger ringe om haar arms en bene--ook haar
voorskoot skitter, o, so mooi.
Hulle hol daarheen en roep haar op haar naam. Sij blij daar staan,
groet hul met wenke van haar hande, sij lag met hulle, en toe hul
nabij was, spring sij in die gat dat die water so spat.
Toe slaan haar moeder hande saam en roep uit: "Mij kind het van
daardie Blomme van die Waterslang gaan pluk en nou moet sij ook bij
die Waterslang gaan woon. O, mij dogter het nou 'n Toorgees geword!" En
sij huil bitter en almaal met haar, en hulle stap bedroef huistoe.
Die broer van die jongmeid sê toe aan sij ouers dat hij sij suster
van die groot Waterslang sal gaan verlos. Hulle vra aan hom hoe hij
dit sou doen; want wie kan daardie groot Waterslang baas raak?
Hij antwoord dat hij die blink steen op die kop van die Slang sou
gaan steel; want sonder daardie steen is die Slang mos magteloos en
kan niks doen nie.
Hulle raai hom dit ten sterkste af; want as daardie groot Waterslang
magteloos is, dan sal al die fonteine vanself opdroog.
Maar die broer van die jongmeid wou hom nie van sij plan laat afbring
nie, en werp teë dat hij dan die Reënbees sal krij om baie te laat
reën, en dan sal hulle altijd volop water hê.
Die ouers wijs hulle seun daarop dat die Reënbees die vader van die
groot Waterslang is, en dat hij vir 'n lang tijd nie sal laat reën
nie--net om hulle van dors te laat omkom. Maar vir hierdie waarskuwing
het die broer van die Meid geen ore gehad nie.
Hij stap weg om die groot Waterslang te gaan beloer om te sien waar sij
die steen gaan wegsteek eer sij in die water gaan. Hij krij haar net
toe sij rondseil. Maar die Slang kom sij planne agter en sij bestorm
hom eer hij die steen in hande gehad het. Sij verander hom toe in
'n ou Skurwepadda, wat gewoonlik ver van die water boer. Sij boog
verander sij in 'n ou bros stok, sij pijlkoker val aan stukkies, en
die pijle daarin verdor sij in kaf. Hij het nog nie vrouw en kinders
gehad nie, so het die groot Slang net sij ouers gestraf om al die
fonteine te laat opdroog. Maar die Meid van die Waters het jammer vir
haar ouers gevoel en het hulle toegelaat om bij die seekoegat water
te kom skep sonder hulle in die gat in te sleep--op hierdie manier
is hul van die dood gered geword.
Maar die Meid van die Waters, of somaar kortweg, die Watermeid, leef
vandag nog; sij woon nog in al die diep gate water; so waarskuw die
moeders altijd hulle kinders om tog nie nabij die kant van die diep
waters te gaan nie; want dan sal die Watermeid die kinders in die diep
waters intrek, waar hul in Paddas verander word. Om hierdie rede is die
kinders tot vandag toe nog bang vir groot seekoegate en blij daar weg.
NO. 20
DIE GENIEPSIGHEID VAN DIE SKILPAD.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie krij ons bepaald te doen met
'n Bosegees, wat sij vermaak daarin gehad het om mense te pijnig.
In die dae van die ougeslag was daar 'n Toorheks, wat alte graag mense
seer gemaak het. Sij het verskeie gedaantes aangeneem, maar het haar
meestal vertoon in die gestalte van 'n groot Skilpad. Dit was nooit
bekend geword dat sij ooit iemand goed gedoen het nie.
Om haar streke beter uit te voer, het sij haar altijd siek aangestel,
waarmee sij die mense jammer vir haar laat krij het. En as die mense
vir haar kom dokter, dan sit hulle aan die pen.
As 'n Skilpad het sij maar min geëet en gedrink. Verder het sij
'n lui-lekker lewe gelei.
Bij 'n seker geleentheid lê sij in die skaduwee van 'n bos. Daar
kom toe 'n man verbij, en sij roep uit: "Mij liewe ou broer, kom tog
nader! Ek het so 'n ondraaglike pijn in mij nek, kom vrijwe tog mij
nek in met vet."
Die man kom nader, vat die vet, kniel voor haar en begin haar nek te
vrijwe. Meteens ruk die groot Skilpad haar nek in die dop, en vas
sit daardie man se hand. Hij brul van pijn en soebat mooi dat sij
tog haar kop moet uitsteek dat hij sij hand kan uitruk. Maar alle
smekings was verniet. Hij grijp met die ander hand 'n klip en skrop
daarmee die dop, en van daardie grilligheid steek sij haar kop uit,
en toe eers kon hij sij hand uitruk. Maar al die vleis en velle was
daarvan af--net die kaal senings en bene het oorgeblij.
Net toe kom daar 'n ander man verbij, en die groot Skilpad roep uit:
"Mij liewe ou broer, kom smeer tog mij nek met vet--ek het daar so
'n vreeslike pijn in dat ek daarvan kan beswijk."
Die eerste man steek gouw sij seer hand onder sij karos en sit,
met sij pijn, bedaard aan te kijk wat nou sal gebeur.
Die groot Skilpad steek haar nek lang uit, en die man begin die nek
met vet in te vrijwe. Meteens ruk die Skilpad haar nek gouw in, en
vas sit daardie tweede man se hand ook. Hij krul en skree van pijn;
maar los is min.
Die eerste man wil toe wegstap, en laat die ander so in sij smarte
sit. Die tweede man roep uit: "Ou broer, waarom het jij mij so 'n
stel laat aftrap?"
Die eerste man haal toe sij hand onder die karos uit en wijs hoe dit
lijk, en sê: "Ek voel net soos jij nou daar voel," en hij gaan weg.
Die tweede man, wat toe nog vassit, vat met sij ander hand sij kierie
en begin op die dop van die groot Skilpad te timmer. Toe steek die
Skilpad haar kop uit, en hij ruk toe gouw sij hand uit. Maar die
velle en vleis het daarvan afgeskeur. Hij stap toe ook huistoe,
so te sê blind van pijn.
Die twee mans het op dieselfde plek gewoon, en hulle stap toe saam
huistoe. Toe hulle thuis kom, was die Maan nog jonk. Soggends, as
hulle opstaan, neem hul van die douw, wat die water van die Maan is,
en was hulle hande daarmee. En namate die Maan groei, so ook groei
die vleis oor hulle kaal senings en bene. Toe die Maan vol was,
was hulle hande volkome gesond en was weer net soos dit tevore was.
Daarna stap die twee mans saam die veld in en krij die ou Skilpad
weer op 'n ander plek lê. Weer roep sij: "Mij liewe twee broers,
kom smeer tog mij bene met vet, ek het vretende pijne daarin, sodat
ek van die krampe kan doodgaan."
Die twee mans stap nader en maak nes of hul haar bene met vet wil
smeer, maar rol die ou Skilpad op haar rug en stop klippe rondom haar,
sodat sij nie weer kan reg rol nie. Hulle stap toe weg, onder die
vermoeding dat hulle haar gestraf het.
Daar voor ontmoet hul twee Kraaie. Hulle betower die Kraaie, sodat
waar hul Skilpaaie op die lijf mag loop, hul dan die vleis van die
Skilpaaie lewendig moet uitpik. Hulle stuur toe die twee Kraaie na die
groot Skilpad toe om haar vleis lewendig uit haar dop te skeur. Maar
die ou Toorheks het van alles geweet en hou haar gereed; want sij
voel geen pijn nie.
Toe die Kraaie daarheen vlie, roep die een uit:
"Die ou is maer, die ou is maer!"
Die ander Kraaie antwoord:
"Haar oog is vet, haar oog is vet!"
Toe die Kraaie daar kom, val hul meteens op die Skilpad aan en pluk
haar vleis lewendig uit haar dop. Maar sij is 'n ou Toorheks en voel
daar net niks van nie, en laat die Kraaie maar hulle gang gaan. Sij
het wel gemaak of sij seer krij.
Toe die Kraaie die dop skoon uitgepik het, vlie hulle weg om die
tijding aan die twee mans te bring. Die twee mans was baie blij om
die berig te krij, en hulle spring in die rondte en dans van vreugde.
Maar net soos die twee mans die Kraaie betower het om Skilpaaie te
vreet, net so het die ou Toorheks die Bije betower om mense te steek
waar hul die mense ook al krij.
Oor 'n ruk loop een van die mans in die veld rond en sien daar die
leë Skilpaddop lê. Hij tel dit op om dit te bekijk. Maar daar het
'n swerm Bije ingetrek, en die Bije pak daardie man en steek hom dat
hij nie weet waar in te kruip nie--want die man se lijf was amper
kaal en met min klere bedek. Hij neem die vlug huistoe, maar op weg
beswijk hij van pijn en val neer. Hij gooi toe stof in die lug. Die
mense thuis weet wat daardie stofgooierij beteken; hulle storm toe,
tel die man op en dra hom onder groot smarte huistoe.
Onderwijl het die ander man daar bij die leë Skilpaddop aangekom. Hij
tel ook die dop op om dit te bekijk, en die Bije pak hom ook en steek
hom dat hij nie weet waar in te kruip nie. Hij vlug ook huistoe; maar
val ook van pijn op die weg neer. Hij neem ook toevlug tot stofgooi
in die lug. Net toe die mense die eerste man in sij huis neersit,
sien hul die tweede stofgooierij. Hulle storm daarheen en vind die
tweede man ook in sij smarte. Hul dra hom ook huistoe. En die twee
was lank siek voor hul gesond geword en rondgeloop het.
NO. 21
DIE MÔRESTER IS DIE HART VAN DAGERAAD.
OPMERKINGS:--Hierdie Storie het ons hoor vertel op Katkop,
Limoenkop en op Klipfontein, langs Hantamrivier (dist. Calvinia),
en daaruit is die inhoud saam gestel. Wolf bij die Boesman is 'n
slim man, en hier word vertel waarom hij 'n uitgeteerde agtervoet
het: ook waarom die Rooikat klossies hare aan die punte van sij
ore het en net vleis eet.
Die Son was eers 'n mens van die ougeslag, en het toe in die lig
van sij blink gesig rondgestap, gejag en plesier gemaak. Maar die
ander ouvolk het boos op hom geword en het hom toe vermoor, en hulle
kinders het die Son se skitterende kop in die lug gegooi, alwaar dit
aldag nog skijn.
Die oudste seun van die ouman was baie gek na sij vader, en word toe
die boodskapdraer van sij vader en het verskeie werkies vir die ouman
verrig. Die naam van die seun was Dageraad.
Sij eerste werk vroeg in die oggend was om die liggies van die
Sterretjies dof te maak, en dan die blouw lug uit te hang, waaragter
die Sterretjies verberg blij. Daarna staan die Son uit sij bed op; en
die werk vir die seun vir die dag is dan afgedaan. Hij gaan dan jag,
kos grawe of gesels.
Sodra sij ou vader, die Son, sij dagwerk verrig het, en van moegheid
saands aan die westekant op die rantjies gaan sit, dan stap die tweede
seun, wat Aandskemering heet, oor, om sij vader, die Son, in sij bed
te sit. Dan is Aandskemering ook vrij om te doen wat hij wil. Maar
nooit het Dageraad en Aandskemering--al was hulle broers--van mekaar
gehou nie; so het hulle ver van mekaar gaan woon.
Eendag, na Dageraad, na ou gewoonte, vroeg opgestaan het en kos en
water na sij ou vader, die Son, se bed gebring het, stap hij rond
en sien 'n mooi jongmeid van die ougeslag. Wolf se dogter was ook
daar. Dageraad wou met die mooi jongmeid trouw; maar Wolf se dogter
was te smoor verlief op die skone Dageraad; sij word jaloers.
Dageraad trouw met die mooi jongmeid, en hulle het toe later 'n mooi
meisiekind gehad. Die ouers, en algaar, was baie gek na die kind--net
Wolf se dogter nie.
Op 'n ander dag, toe Dageraad die werk van sij ou vader, die Son,
klaargemaak het, toe neem hij sij vrouw en kind veld-toe, hij lê die
kind in die koelte onder 'n bossie, en gaan jag; onderwijl grawe sij
vrouw en haar jong suster mierrijs.
Jakhals kom daar en wil met die kindjie speel; maar die kind wou niks
met hom te doen hê nie. Toe kom Wolf se dogter daar en wil ook met
die kindjie speel; maar die kind wil ook met haar niks te doen hê
nie. Daarop kom Bobiaan daar en wou ook pret met die kindjie maak,
dog eweneens wou die kind met hom ook niks te doen hê nie. Ten laaste
kom Swart Kraai daar; maar sij praatjies het die kind nie aangestaan
nie. Maar toe die moeder die kindjie optel en met haar speel, toe lag
en spring die kind in haar moeder se arms; want sij het haar moeder
geken en was blij om bij haar weer te wees.
Jakhals word jaloers en draf weg. Wolf se dogter word jaloers en gaan
bij haar vader, wat daar nabij was, kla en huil oor die belediging
wat die onskuldige kindjie aan haar gedoen het.
Wolf erg hom somaar in sij hart en roep uit: "Dis jouw eie slegtigheid
dat jij nie die vrouw van Dageraad geword het nie; hoekom het Dageraad
dan die ander meid gevat en nie vir jou nie?"
Maar toe sij so bitter huil, krij hij vir haar jammer en sê: "Ek
sal jou vertel wat jij moet doen om die vrouw van Dageraad te word:
Neem van die swartagtige sweet wat agter jouw skouerblaaie sit, en
gooi dit op die mierrijs wat Dageraad se vrouw sal eet, en jij sal
sien wat sal gebeur."
Wolf se dogter hol gouw terug en gaan toe na die hut waar die vrouw van
Dageraad die mierrijs sit en was. Ongemerk gooi sij van haar armsweet
op die gewaste mierrijs. En toe die rijs gaar gemaak was, eet die
vrouw daarvan; maar sê aan haar jonger suster: "Moenie van hierdie
rijs eet nie, want ek voel ek word gek en raak van mij verstand af."
Daarop val die ringe om haar nek af, en lê op die grond; toe val
haar armbande af, en lê op die grond; toe weer die ringe wat om haar
enkels was; daarop val haar karos en velrok af, en algaar blij op die
grond lê. Die dogter van Wolf vat dit alles en trek haar daarmee aan
en sit die ringe vir haar om.
Die vrouw van Dageraad voel dat sij 'n wilde dier word, en sij hol die
veld in. Haar jong suster hol, met die kind agter haar rug, agterna en
wou haar vang en vashou. Dog die vrouw hol ver en vlug 'n kol riete in.
Die jonger suster roep uit: "Wag eers, en laat jouw kind drink,"
daarop oorhandig sij bij die rietkol die kind aan die moeder.
"Ja, gee haar hier, dat ek mij kind kan voed, eer ek 'n wilde dier
word!"
En toe die kindjie versadig was, gee sij die kind weer terug, en sê aan
haar jonger suster: "Kom môre vroeg weer, dat ek die kind kan voed;
want ek voel dat ek in mij harsings gekrink raak. Ek voel ek word
'n verskeurende dier."
Hierop vat die jonger suster die kind, stap huistoe, en die vrouw
gaan gouw weer in die riete lê.
Die aand kom Dageraad thuis en dog toe dat Wolf se dogter sij vrouw
was, en vra: "Waarom laat jul die kind so huil?" Waarop sij skoonsuster
geen antwoord gee nie, maar sus die kind in slaap.
Die oggend, toe Dageraad lig maak, hol die suster met die kind na
die rietkol en roep uit: "Suster, suster! hier is ek met jouw kind!"
Die moeder kom uit die riete, vat die kind, en na sij haar kind
gevoed het, gee sij dit aan haar jonger suster terug en sê: "Jij moet
vanmiddag die kind weer bring, sodat, eer ek 'n verskeurende dier is,
ek mij kind weer kan voed."
Die jonger suster het só op die middag, en ook teen die aand, gedoen.
Daardie aand gee die ouvolk 'n 'Ku-dans; dan klap die meide op hulle
hande, die volk kom voor die meide flikkers maak, buig en knik met
hulle koppe. Die dogter van Wolf dink dat hul die 'Ku-dans vir haar
gemaak het, dog sij sit in die donker, met haar rug na die dansers
toe. Ook was sij bang om die ringe om haar nek, arms en bene te laat,
maar lê dié naas haar, waar sij sit.
Toe Dageraad sij flikkers voor sij skoonsuster kom maak en haar op
die skouer klop, vlie sij kortom en roep uit: "Waarom maak jij nie
liewers jouw flikkers voor jouw Wolf-vrouw nie? Daar sit sij!"
En sij wijs haar met die vinger uit.
Toe eers gewaar Dageraad dat dit nie sij vrouw was nie; hij grijp
sij asgaai, om haar daarmee dood te steek. Dog Wolf se dogter was te
gouw, spring op, trap met haar een agterpoot in die vuur, ontvlug,
en die asgaai steek vas op die plek waar sij gesit het. Haar poot
was erg verbrand.
Dit was toe al laat in die nag--amper dagbreek--, en Dageraad was
kwaad vir sij skoonsuster dat sij die geheim van hom verberg het,
en roep uit: "Kom wijs mij waar mij vrouw is!"
Maar die skoonsuster antwoord: "As jij lig maak, dan kan ek jou
die plek gaan wijs; want jouw vrouw het in 'n verskeurende dier--'n
Leeuwin--verander."
Dageraad maak lig.
Toe roep die ander ouvolk uit: "Laat ons bokke voor ons uitdrijwe,
sodat die Leeuwin van die bokke, en nie vir ons kan vang nie."
Hulle ja toe die bokke vooruit, en die skoonsuster gaan die plek wijs.
Toe hul bij die plek aankom, sê die skoonsuster aan Dageraad: "Kom
kruip agter mij weg."
Hij gaan agter haar staan en koes. Die ander volk gaan weer agter hom
staan en koes, sodat die vrouw net haar jonger suster kan sien. Toe
roep daardie jonger suster uit: "Suster, suster, kom uit! Ek het jouw
kind gebring, sodat jij haar kan voed."
Die vrouw kom toe uit en sien die bokke staan. Sij gaan een vang;
en toe storm die jonger suster en die volk saam met Dageraad; hul pak
die vrouw, wat nou 'n Leeuwin is, en hou haar vas. Hulle vat van die
inhoud van die bok se ingewande en dokter haar daarmee en begin toe
haar vel af te trek.
Maar sij roep uit: "Laat die hare op die punte van mij ore blij,
anders word ek doof en kan dan glad nie hoor nie."
Hulle trek toe die leeuwvel van haar lijf af, dog laat die lang hare
op die punte van haar ore staan. Sij word weer die mooi meid wat sij
vroeër was; maar verander spoedig in die groot Rooikat, wat vandag
nog die klossies lang hare aan die punte van sij ore het.
Met dit al, blij sij die vrouw van Dageraad; want eindelik het sij
die mooi meid geblij. En daar sij met mierrijs getoor was, eet 'n
Rooikat net vleis en nie rijsmiere nie.
Sij het weer haar eie kind kon oppas; en daardie dogter het kinders
gehad, en die kinders het ook kinders gehad. Algaar is in Sterre
verander geword; en daardie Sterre volg nou hulle ouers agterna en
is nou die blinkste Sterre aan die hemel.
Toe Wolf se dogter thuis kom, vertel sij al die leed wat hul haar
aangedoen het, ook dat Dageraad haar met die asgaai wou doodgegooi
het. Toe kook Wolf se bloed van boosaardigheid. Hij neem daar en dan
'n besluit om Dageraad dood te maak.
Hij stap in die nag na die plek waar Dageraad slaap, en pak hom. Hij
vermoor hom en begin hom af te slag. Maar net toe hij die liggaam
oopsnij, vlie die skitterende Hart daaruit en trek in die lug op,
en het van toe af die Môrester geword. Dis toe dat hij sij vrouw,
kinders en kleinkinders kom haal het, om bij hom aan die sonop kant
van die lug te woon. Dog die groot blink Môrester moet ons verstaan,
is die Hart van Dageraad.
NO. 22
DIE AANDSTER IS DIE OOG VAN AANDSKEMERING.
OPMERKINGS:--Hierdie Storie het ons eenmaal hoor vertel, en wel
op die plaas Zoovoorbij, langs Hantamrivier, dist. Calvinia. Daar
was een aand in 1881 'n Boesman-danspartijtjie, toe het een van
die outas sij talent in storie-vertel laat hoor.
Die twee seuns van die Son, Dageraad en Aandskemering, het van hulle
jong dae af al nie met mekaar kon klaarkom nie. As kinders, het hulle
altijd getwis en nie bijmekaar wou slaap nie. Dageraad se werk het
met dagbreek tot sonuit geduur, en hij het nie sulke goeie oë gehad
nie--dus het hij gewoonlik saands vroeg gaan slaap. As hij in die
nag opblij, dan moet daar 'n groot vuur wees om vir hom lig te maak.
Maar Aandskemering het twee groot oë gehad, wat in die donker nes
twee vlamme vuur blink. Sij werk het met sononder begin en geduur tot
donker; dan rinkink hij in die nag, of gaan jag en kos soek. Daar hij
glad niks van sij broer, Dageraad, gehou het nie, was sij eerste werk
om sij vader, die Son, in sij bed te sit en dan kos en water vir sij
moeggeloopte vader te gee. Dan gaan hij die blouw lug, wat Dageraad
in die oggend uitgehang het, afpluk, sodat die Sterretjies weer kans
kan krij om aan die hemel te flikker en skitter.
Een oggend, toe Aandskemering van sij jag huiswaarts keer, en Dageraad
gereedmaak om lig te maak--dus net met die begin van dagbreek--,
ontmoet die twee broers en begin somaar uit die staanspoor te
twis. Hulle pak mekaar en slaan vuis. Dageraad grijp sand en stof en
wou dié in die groot oë van Aandskemering gooi--dog dit was mis. Toe
roep Dageraad uit: "Hierdie sand en stof sal Muskiete en Muggies
word, om jou saands en snags te bijt." Aandskemering, nie links nie,
grijp water, om in die nouw ogies van Dageraad te gooi--en ook dit
was mis. Toe roep hij uit: "Dit sal Douw word, om jou pad vir jou
soggends nat te maak!"
Deur Dageraad nie sulke goeie oë gehad het nie, kan almaal wat in die
oggendskemering rondloop, ook nie so goed sien nie, terwijl, aan die
anderkant, Aandskemering groot oë gehad het; daarom kan algaar beter
in die aand as grouw voor dag sien.
Wolf se dogter, wat so verlief was op Dageraad en hom nie as haar man
kon krij nie, het tog man gekrij; maar spoedig was sij weduwee deur
die sterfte van haar man. Sij word nog meer verlief op Aandskemering,
die ander broer.
Maar Aandskemering het al 'n ander mooi meisie, met groot oë, vir
hom uitgekies en was met haar getrouwd.
Wolf se dogter gaan weer na haar vader, Wolf, toe, om sij raad te vra,
en versoek hom om hierdie slag tog beter raad te gee as die laaste
keer met Dageraad. Die ou krap sij kop 'n rukkie en dink diep. Hij
gee daardie dink op en roep uit: "Loop vra vir jouw ma."
Sij stap na haar ma, wat meer kennis van sulke sake het as haar pa,
en vra haar om raad.
"Kijk, mij kind, jij is 'n weduwee; jouw man en kindjie is
dood. Aandskemering en sij vrouw het ook 'n kindjie, na wie hulle
baie gek is. Ek sal jou raai om daardie kindjie te gaan steel; en vind
Aandskemering later uit dat jij die kind het, sal hij jou trouw--net
terwille van die kind. Maar voor jij gaan, laat ek jou worteltjies
gee om die ouers van die kind te toor."
Wolf se dogter vat die worteltjies, maal dié fijn en stap daarmee
weg. Bij Aandskemering se huis staan net 'n pot op die vuur te
kook. Dit was skemeraand toe sij daar aankom, en Aandskemering was toe
nog nie thuis nie. Wolf se dogter, toe sij bij die vuur verbij kom,
roep uit: "A, watter kos kook julle vanaand? Ek het die ruik daarvan
al ver kon snuiwe."
Sij maak of sij die kos in die pot omroer, en met hierdie geleentheid
gooi sij skelmpies die toorgoed daarin.
Aandskemering het laat weggeblij. Sij vrouw het honger gekrij en begin
te eet. Intussen steel Wolf se dogter die kind, wat aan slaap geraak
het, en vlug daarmee. Want die moeder het ook vas in die slaap geval.
Toe Aandskemering die nag thuis kom, lê sij vrouw, tot sij
verwondering, vas in die slaap--dis mos iets wat sij in die dag moet
doen. Hij maak haar wakker; maar sij was glad deurmekaar. Hulle soek
die kind, maar vind dit nêrens nie. Want die moeder haar geheue het
verlore geraak, en sij kon niks vertel nie.
Die vader, bij hierdie tijd, het ook honger gehad. Hij wou van die kos
in die pot eet; maar dit het ook bij hierdie tijd bitter geword. Toe
vind hij uit dat die kos betower was. Hij gaan gouw sij eie worteltjies
grawe en eet dié; en bring daarvan ook aan sij vrouw. Sij kouw net
effentjies daaraan, word 'n bietjie reg, maar word bang, en wou nie
meer daarvan eet nie. Al wat sij toe kan herinner, is haar kind,
en dat 'n dier bij haar was. Maar sij verbeel haar dat daardie dier
'n groot Muis was. Sij word toe so venijnig op Muise dat sij hulle
vermoor waar sij hulle krij. Dog sij self verander langsaam in die
gedaante van 'n Uil. Net soos haar man, Aandskemering, skemerlig maak,
dan ontwaak sij, vlie weg om die Muise te vermoor en dan op die tak
van 'n boom te gaan sit om hoe-hoo, hoe-hoo oor haar kind te huil.
Toe Wolf se dogter dit alles bemerk, toe begrijp sij dat dit nou haar
tijd is om haar lijf na haar beminde, Aandskemering, aan te bring;
en sij kom met die kind agter haar rug aangestap. Dadelik herken die
kind sij vader, steek sij armpies na hom huilend uit; dog sij moeder,
wat in 'n Uil verander is, ken hij glad nie meer nie. Sij vader neem
hom in sij arms, dog die kind het ook verander, sodat sij vader hom
nie as sij eie kind kon eien nie. En terwille van die kind, wat hom
gedurig omhels en pa-pa noem, neem hij ook Wolf se dogter tot vrouw,
wat nou te danig verlieferig op hom is.
Kort daarop kom teen die aand 'n Hamerkopvoël aangevlie. Nou 'n
Hamerkop is 'n voël wat alles in die water kan sien wat gebeur; want
alles spieël hul in die water af. Daardie Hamerkop het oor die hut
van Aandskemering gevlie, waarin die famielie van Aandskemering sit
en gesels. Hij roep toe vir Uil, wat so treurig oor haar kind kerm;
en haar man, Aandskemering, stap saam.
Wolf se dogter sit in die hut luister hoe Hamerkop alles vertel hoe
sij die famielie betower het. Sij grijp die kind en vlug met hom op
haar rug weg. Toe hierdie bedrog ontdek word, word Aandskemering
so boos dat hij sij pijl en boog grijp om Wolf se dogter dood te
skiet. Maar hij was te laat--sij het reeds weggevlug.
Hij agtervolg haar tot bij Wolf se huis en skop daar toe 'n bombarie
op. Maar Wolf bring hom, na baie redeneer te hê, tot bedaring, en sê:
"Aandskemering, kom stap saam met mij na daardie klipkrans toe, en
ek sal jou daar wijs dat jouw vrouw en kind daar fris en gesond sit
en op jou wag."
Die twee stap saam, en toe hul op die rantjie van die afgrond staan,
stoot Wolf vir Aandskemering die afgrond af. Aandskemering val daar
onder. Een van sij blink oë bars op die plek, dog die ander vlie in
die lug op en word toe die groot blink Aandster.
Die kindjie treur en treur oor sij ouers en wil nou nie meer tevrede
bij Wolf se dogter wees nie. Hij het weggekwijn, tot hij 'n IJstervark
geword het, wat uitkom as dit skemeraand word en sorg om voor dagbreek
in die klipskeur thuis te wees. Uil sit nou nog te kerm oor haar kind,
terwijl Wolf nog al aande vir Aandskemering agter die westerantjie
die afgrond instort.
NO. 23
DAMPERTJIE EN SPUITERTJIE SKIET MET WEERLIG.
OPMERKINGS:--Dampertjie is 'n swart-blouw Goggatjie met
'n langwerpige ronde lijf. As hij aangeroer word dan slaan
daar 'n swart-blouw damp uit sij lijf. Spuitertjie is 'n vaal
langwerpige plat Gogga--hulle stap gewoonlik twee bij mekaar. Sodra
hij aangeroer word, dan spuit daar gewoonlik 'n helder straal
vloeistof uit sij lijf, wat vreeslik in die oë brand. In hierdie
Storie word 'n ander verhaal gegee hoe wolke ontstaan het; ook kom
die Boesman-bijgeloof uit dat swart weerlig doodslaan en nie die
blink weerlig nie. Die rijm-gedeelte het ons 'n bietjie verbeter,
daar die verteller dit uit Boesmans aan ons vertaal het.
Toe die Son nog 'n Mens van die ougeslag was en rondgeloop het, het
sij maters hom vermoor. 'n Ander man het 'n entjie daarvandaan op
'n miershoop gesit en het die hele moord aanskouw. Hij het gesien dat
Wolkop (of Wolkkop) die aanvoerder van die moordenaars was. Ook het
hij gesien hoe Wolkop se vrouw en ander meide hulle kinders gestuur
het om die kop van die Son in die lug te gooi. Na dit was hul gerus.
Toe eers gewaar Wolkop dat die ander man dit alles gesit en aankijk
het. Wolkop stap na die man toe en sê: "Hoor, as jij gaan vertel
wie die Son vermoor het, dan vang ons jou en snij jou lewendig aan
touwtjies vleis! Jij maak jouw mond nie oop nie."
Die man was maar van die bang soort en hij belowe hand en mond om
met niemand daaroor te praat nie.
Maar die moordgeheim kwel hom daarna baie, en hij voel, as hij dit nie
vertel nie, dat sij hart sal bars, en dat die spokerij snags nie bij
hom sal ophou nie. Dog aan die anderkant was hij bang om in touwtjies,
so lewendig-lewendig, gesnij te word. Daarom maak hij liewers sij
mond nie oop nie, en maak vir hom sulke kos wat hij tussen sij lippe
kan opsuie.
'n Ou Towenaar kom bij hom en praat met hom; maar die man wou geen
antwoord gee nie--te bang om sij mond oop te maak dat die geheim sal
uitvlug en bekend word.
Die ou Towenaar sê daarop: "As jij nie jouw gedagte uitpraat nie,
dan sal jouw hart bars, en jij sal op die plek doodval."
Die man voel dit, dog hij was te bang om aan vleistouwtjies gesnij
te word; hij gee nog geen antwoord nie en stap weg.
Hij voel sij hart swel, en die sweet tap hom af. Hij kom bij 'n ou
erdvarkgat, hij staan te dink, hij maak die bek van die gat toe,
en laat net 'n klein gaatjie oop; daarin praat hij hierdie woorde:
"Dis Wolkop, die vabond;
Dis Wolkop en maters;
Ook Wolkop se kinders,
Wat kwaad doen en stil blij--
Dis hulle!"
"Ek praat nou maar reguit:
Ek het dit gesien, ja;
Maar moet mij bek hou, of
Hul snij mij aan riempies--
Sê hulle!
"Maar hou ek mij bek toe,
Dan bars mij ou hartsak.
Nou hoor hier: Die Sonman
Het hulle gemartel--
Dis hulle!"
Voor die woorde kon uitkom, prop hij die gaatjie toe, en die woorde
blij binne in die geslote erdvarkgat. Toe was daardie man nie meer
bang om sij mond oop te maak, lekker te eet en na hartelus te gaap nie.
'n Ruk daarna hardloop 'n klomp gemsbokke oor die gat; een van die
bokke trap met sij poot 'n gat deur tot in die groot gat, en toe
kom daar 'n swart-blouw damp deur die deurtrapplek. Die damp was die
woorde wat al vermuf het. 'n Lewerkie wat daar nabij was, gaan kijk;
en toe hoor hij van daardie woorde wie aanvoerder van die moordenaars
van die ouman, die Son, was. Ewe blij vlie hij op in die lug, dartel
rond en herhaal wat hij gehoor het--iets wat hij nou nog soggends doen
om in die lug met vrolike gesang die boodskap aan die Son te bring.
Die ou Towenaar, wat 'n stokoud broer van die Son is, luister na
die woorde wat die Lewerkie sing, en hij stap reguit na die man
toe wat daardie woorde in die erdvarkgat toegeprop het, en hij vra:
"Hoekom het jij vir jou doofstom aangestel toe ek die ander dag met
jou gepraat het? Nou, omdat jij die kwaad verberg het, sal jij in 'n
Swart Goggatjie verander. Op die warm sand, wat die Son geskroei het,
sal jij trap om jouw pote te brand. En daardie woorde, wat in die
erdvarkgat vermuf het, sal 'n damp wees wat uit jouw lijf sal slaan."
En die man verander op die plek in 'n Gogga, wat ons 'n Dampertjie
noem.
Dampertjie se suster, wat naas hom gesit het, huil en gaan tekeer en
wou die Towenaar met sand of klippe gooi; dog hij verander haar ook in
'n Dampertjie, wat toe bij haar broer woon.
Dadelik stap die ou Towenaar na Wolkop toe en vra hom waarom hij en
sij maters die Son gemartel en vermoor het. Wolkop wou nog strij; maar
toe die ou Towenaar sij aandag tot die lied van die Lewerkie trek,
hoor hij dat die voëltjie sing dat dit die woorde van Dampertjie is;
en hij kon nie meer strij nie.
Toe sê die ou Towenaar teen Wolkop: "Jou sal ek ook in 'n Gogga
verander; die pijle waarmee jij mij ou broer, die Son, geskiet het,
sal nou in water verander, wat soos vuur sal brand. Voortaan sal jij
die Spuitertjie-Gogga wees, wat ook op die hete sand sal rondhol,
wat die Son so warm geskroei het." Van toe af word Wolkop die
Spuitertjie-Gogga.
Spuitertjie was nou baie boos op Dampertjie en soek nou net een streek
deur om hom, waar hij hom krij, dood te maak. In die veld krij hij
Dampertjie se suster; hij steel haar en vlug ver met haar weg.
Dampertjie het orals na sij suster rond gesoek, dog kon haar nie
vind nie. Eindelik ontmoet hij vir Hotnotsgod, en dié vertel hom
dat Spuitertjie haar gesteel en met haar gevlug het. Dampertjie was
boos, en hij stap na die plek waar sij suster sit en treur. Hij vind
haar, vat haar hand, en broer en suster vlug weer terug. Sij grijp
Spuitertjie se knapsak, waarin hij die brandwater opberg, hang dit
om haar hals, en draf naas haar broer, en die twee loop wat hul
geleer het.
Spuitertjie ontdek die vlugterij gouw. Hij hol allangs die maanhaar
van 'n rantjie, vanwaar hij Dampertjie en sij suster mooi in die
vlakte kan herken. Hij maak wit donderwolke; want waar Dampertjie
vlug, het hij weer swart donderwolke gemaak. Spuitertjie skiet uit
die wit wolke met blink weerlig, dog Dampertjie sê aan sij suster:
"Moenie bang word nie; kom loop aan die ander kant van mij, dan kan
hij jou nie raak nie." Dampie skerm die weerligstraal weg. Die sak
met die brandwater skommel in die knapsak en ruk en pluk die suster
in haar drafstap rond.
Dampertjie kon vir Spuitertjie daar op die rantjie, en tussen die
klippe, nie goed beken nie; daarom kon hij nie raakskote met sij swart
weerlig skiet nie; dog hij peil op die plek waar die wit lig vandaan
kom. Hulle vlug en vlug haastiger. Spuitertjie kom en kom, en blij
hol langs die maanhaar van die rantjie, dan voor, dan agter die klippe.
Hij skiet weer blink weerlig, dog Dampertjie skerm dit met sij arm af,
en gooi weer van die swart weerlig na Spuitertjie se kant toe. Hij
moedig sij suster aan om gouw te loop.
Eindelik sien hij vir Spuitertjie bo teen die lug op die rantjie staan,
hij skiet 'n swart weerligstraal op hom af. Raak! Spuitertjie val en
skop met sij voete op die grond: die gedreun daarvan is die gerommel
van die donderweer.
Dampertjie moedig sij suster steeds aan om flink aan te draf. Die
wit wolke pak swaar op die rantjie, waar Spuitertjie lê en skop. Die
gedreun rommel hard. Die swart wolke pak dik bokant en om Dampertjie
en sij suster, wat nou eers hard vlug, solank Spuitertjie magteloos
op die grond lê dreunings skop.
Hulle was toe al nabij die huis. Hulle drafstap slaan oor in hardloop;
want Dampertjie soek nou na doktersgoed, daar die slaan van die wit
weerlig teen sij lijf en kop hom hoofpijn gegee het.
Sij suster het toe vir hom gedokter; want sij was blij om weer thuis
te wees. En Spuitertjie het nooit weer tot verhaal gekom om hulle
gedurig te pla nie.
Die Boesmans sê: Die swart weerlig maak geen geraas nie en slaan dood;
dog die blink weerlig maak wel 'n geraas, maar slaan nie dood nie.
NO. 24
DIE DIERE VRA OM KOS EN WATER.
OPMERKINGS:--Sommige van die Geeste-Stories van Boesmans is nogal
heel mooi opgestel; dog vir kinders, wat alte graag daarna luister,
vind die ouers dit nie so doeltreffend as gewone stories nie;
so het ons goed gevind om sulke verhaaltjies te onderdruk, en
waar hul nogal op die toneel verskijn, met hul so min kennis te
maak as moontlik; dog dié soort stories staan in nouw verbinding
met Boesmangodeleer. Die geestegedeelte van hierdie storie is
onderdruk--dus lees maar voort.
Dis lig te begrijp dat storievertellers nie altijd met mekaar
raadpleeg nie: vandaar verskeie verklarings van dieselfde
geskiedenis. So krij ons hier ander verklarings as in die
allereerste verhale.
Toe die Diere en ook die Mense gemaak was, het hulle nie kos en water
gehad nie. Toe moet die een Dier die ander se vleis eet en sij bloed
drink. Maar dit gee 'n uitroeierij onder hulle af; dog wat anders kon
hul doen? Hulle huil toe oor hulle toestand en soek om verbetering. 'n
Baie groot Olifant, wat so groot is dat hij oor 'n rantjie of koppie
kan sien, praat toe en sê: "As ek dood is, sal ek dit baie lekkerder hê
as nou. Dan is ek 'n groot Gees, wat geen kos en water nodig het nie;
want Geeste eet en drink nie; en as ek 'n Gees is, sal ek vir julle
algaar sôre. Mij bene sal ek laat bome word, wat vrugte vir julle
kan lewer; mij senings sal plante word, wat op die grond rank en vir
julle waterige waatlemoene en wilde komkommers dra, en mij hare sal
op die grond groei en gras word. Dan sal julle oorgenoeg kos hê."
Die Diere vra: "Hoelank gaan jij nog lewe? En hoelank moet ons nog
wag? Want 'n Olifant word baie oud."
Hij antwoord: "Hoelank ek gaan lewe, weet ek nie. Al wat julle te
doen het, is: julle moet julle tijd afwag."
Daarop vra die Diere weer: "Waar krij ons water om te drink?"
Hierop gee die groot ou Slang, met die blink steen op sij kop,
antwoord: "So gek om dood te gaan, is ek nie; maar ek sal oor 'n plan
nadink om water te maak. As ek dood is, kan ek dit nie doen nie."
Van al die Diere wat sterk genoeg is om die groot Olifant dood te
maak, is die groot Slang met die blink steen op sij kop die enigste;
want hij is nie alleen baie sterk nie, maar daarbij ook baie giftig.
Daardie groot Slang roep toe uit: "Groot Olifant, jij het jouw eie
vonnis uitgespreek. Jij moet woord hou! Op die plek moet jij dood,
dan sal jij en ons algaar gelukkiger wees as nou."
Hierop maak die groot Slang 'n aanval op die groot Olifant, en bijt
hom met sij gif dood. Toe het al die Diere vereers genoeg kos en
drank aan die vleis en bloed van die Olifant. Dieselfde aand sien die
Diere die groot Gees van die Olifant, met twee groot vurige oë en bek,
rondstap; maar die Gees stap weg en doen vir hulle niks nie.
So het hij aand vir aand kom kijk na sij aas, waaraan die Diere eet
tot daar glad niks meer oorgeblij het nie as net die bene, senings
en hare. Toe praat die Gees met die bene, die senings en hare, dat
hul bome, rankplante en gras moet word, wat kos aan die Diere moet
verskaf, en dat hul hulle eie sade moet dra, om hulle self verder
voort te plant.
Toe kom daar bome, rankplante en gras.
Maar daar was toe nog geen water nie. Hiervoor het die groot Slang
mos belowe om te sorg. Hieroor spreek die Diere toe die groot Slang
aan en vra hom waarom hij nog langer versuim om water te maak.
Op die plek kruip hij onder die grond en maak toe die onderaardse
waters, wat in fonteine staan of uitborrel.
Die gras en bome langs die fonteinplekke groei toe welig en geil;
maar die plante op die berge en vlaktes kwijn, verlep en verdor. Toe
huil daardie plante en soebat die Sterretjies en Maan om tog van
hulle water snags op die bome, rankplante en gras uit te giet.
Maar die Maan en Sterre antwoord dat hul net genoeg water vir hulle
eie gebruik het, en daarvan nie kan spaar nie.
Daarop huil die plante wat op die berge en vlaktes groei. Die plante
aan die waterbronne huil ook saam oor die lot van hulle broers en
susters. Hierdie rouwgekerm was te veel vir die Maan en Sterre,
wat toe ook met die dorstiges bitterlik saamhuil; en hulle trane val
snags in druppels op die blare van die plante, sodat hulle soggends
nat gedouw is.
Die geval nou is: Die Diere het genoeg drinkwater bij die fonteine,
wat deur die groot Waterslang gemaak is; ook die plante wat bij die
fonteinplekke groei het volop water; maar die berge en vlaktes is
droog en dor. Dan kom daarbij nog: Die sonstrale is warm en dorstig,
en die wind is dor en ook dorstig; daarom lek daardie sonstrale en
wind die douwtrane soggends vroeg op.
Daar was 'n groot Bees, wat baie graag gras geëet het, en hij kon nie
genoeg daarvan krij om te eet nie. Hij sê toe dat hij reën sal maak om
orals op die velde te laat uitstort. Hij neem van die waters van die
fonteine en gooi dit in die lug. Hij stap van fontein na fontein en
smijt water in die lug. Die winde kom van ver af en drijwe al daardie
waters bo in die lug saam om wolke te vorm; dan vervoer hij die wolke,
wat reën uitskud, oor die velde; en so het die eerste reëns ontstaan.
Later, as daar droogte oor die land kom, word daardie Reënbees
rondgelei om die plekke te wijs waar dit droog is. Die plekke wat hul
hom nie kom wijs nie, blij droog tot hul hom eendag daardie plekke
gaan wijs.
Van toe af was daar genoeg kos en water vir al die Diere.
Maar partij Diere was te moorddadig en wederstrewig en kon nie ophou
om te moor en te verslind nie. Hulle wou glad nie veldvrugte en gras
eet nie. Leeuw, Tier, Wolf, die Wildekatte, Valk, Uil en nog baie
ander het tot daardie klas behoort, om niks anders as vleis te wil eet
nie. Aasvoël het gesê hij is met die aas van die dooie Diere tevrede.
En so bestaan die wêreld vandag nog: Die een leef van die ander,
en sonder die ander kan die een nie bestaan nie.
NO. 25
BOESMAN-GEBEDE.
OPMERKINGS:--Die Boesmans is deeglik bewus daarvan dat daar hoër
Magte oor Mens en Bees geplaas is. Waar die Magte hul huisves,
is nie so 'n duidelik uitgemaakte saak bij hulle nie. Maar die
Son, die Maan, die Sterre en denkbeeldige Geeste of Diere besit,
volgens hulle beskouwing, sulke mag. Daarom wend die Boesmans
hul om hulp en leiding na daardie hemelbolle of na skeppings van
hulle eie gedagtes. 'n Boesman besit 'n groter godsdienssin as
bijvoorbeeld die Kaffers. Hij ken 'n Opperwese onder 'n bepaalde
naam: die Kaffer het nie so 'n woord as GOD in sij taal nie. Albei
rasse glo in die opstanding van die Dode; maar van 'n bepaalde
Hemel of Paradijs of Hel het hul geen begrip nie. Hulle saligheid
bestaan uit oorvloed en voorspoed, hulle straf uit honger,
verdriet en verdrukking.
Die winternagte is koud en lank. As 'n getrouwe vader moet die Boesman
vir vleis vir sij vrouw en kinders sorg en moet reeds soggends, bij
skaarste van Wild, vroeg uitkruip om te gaan jag; die meid met haar
kinders gaan soms onbeskermd veldkos in die vorm van vrugte, wortels
en uintjies soek. Daarom is hulle blij as die Son uitkom om hulle warm
te maak, sodat die daaglikse laste vir hulle nie so swaar word nie.
As die Son uitkom na 'n bitter koue en hongerige nag, dan draai die
vader of moeder hulle gesigte, met die hande voor die oë, na die
oprijsende Son; en partijkeer sê hul aan hulle kinders om dit ook te
doen. Dan roep hij of sij uit: "O, Son, ek is so blij om jou weer
volmaak terug te sien en opstaan om jouw werk, sonder moegword, te
aanvaar. Maak mij net so sterk as jij, dat, as ek agter die wild jag,
ek nie moeg, honger en dors krij nie. Jouw gesig blink van warmte: mij
tande kletter van die koue. Jouw gesig blink, omdat jij dit volop het:
mij gesig is verrimpel van koue, honger en dors. Skink mij van jouw
oorvloed. Gooi na mij daardie orige kos wat jij nie nodig het nie. Gee
mij van jouw warmte dat ek nie hoef te verkluim nie. Vat mij arm, as
ek na wild skiet, dat mij pijl die wildding mag tref. Dink daaraan:
Jij het volop: ek en mij famielie lij baie dae knaende honger."
Daarop gaan hul vleitig aan jag. As die Son te warm gedurende die
dag word, smeek hul om verligting en koelte.
Gaan die Son die aand onder, en lê 'n nag met koue en honger voor
hulle, dan draai hul weer hulle gesigte, met hande voor die oë, na
die verdwijnende Son en smeek: "Weer is 'n dag verbij, en ons mae is
nog honger, en die koue begin weer om aan ons uitgeteerde liggame
te kouw en vreet. Die Leeuw is skaam vir jou, die Tier is bang vir
jou, en die Wolf is skuw vir jou. As jij ons verlaat, dan staan hul
van hulle lêplekke op, om vir ons met ons vrouwe en kinders op te
vreet. Blij bij ons, om ons warmte en beskerming te gee. Maar as jij
moet gaan, blij dan tog asseblief nie so danig lank weg nie. Kom gouw;
want sonder jou wil ons nie alleen wees nie."
As dit Nuwe Maan word, dan kijk die Boesmans gedurig na die plek
waar hul die jong Maan verwag. En wanneer een die vernuwde Maan
sien--die Maan wat dood was en weer lewendig geword het--en wijs een
die strepie Maan aan, dan kijk hul weer na die plek waar hij wijs. En
sien hul die Maan, dan sluit hulle die oë met hulle hande en roep uit:
"Dis Nuwe Maan! Weer Nuwe Maan! Neem mij ou gesig van mij weg. Gee mij
jouw nuwe gesig. Neem mij gesig weg, wat nie so plesierig voel nie en
altijd treur, en gee mij jouw vrolike en plesierige gesig, wat sterf
en weer lewendig word, wat kwijn en weer lag. Maak mij gesig dat dit
net so word--al treur ek, dan herleef mij vrolike gesig weer. Want
toe ons gedink het dat jij dood was, het jij tog gelewe; want hier is
jij om ons troos en lewe te gee. Skink mij van die vreugde wat jij
daarbo geniet, dat ek ook, as ek sterwe, weer lewendig word, om die
altijddurende vreugde daarbo te kom geniet. Jij het tog vroeër gesê
ons sal nie sterwe nie; maar sal weer uit ons slaap ontwaak. Maar
die Haas wou nie glo nie en strij met jou, en nou word ons terwille
van die Haas gestraf om te sterwe. Ag, neem dié straf van ons weg
dat ons net weer effens die doodslaap insluimer en weer ontwaak."
Is dit Volle Maan, dan word weer gebede van dieselfde aard opgesê--net
word daarbij gevoeg: "Die Son skiet vinnig met sij pijle. Hij skiet
raak met sij pijle, en daarom skiet hij stukkie vir stukkie van die
Volle Maan af. Maar hou moed! Jij is onsterflik!"
Die Sterre verdien ook baie die godsdienstige aandag van die
Boesmans--vernaamlik die Planete en die groot skitterende Sterre. In
die somer is daar 'n soort Sprinkhaan-Gogga wat saands "Tsau,
Tsau!" skree; dog die Boesmans wil nie weet dat dit 'n groot Gogga is
wat so "Tsau, Tsau!" maak nie, en sê dis die Sterre. Hulle beweer dat
die Sterre die blink oë van Leeuws, Tiers, Wolwe, Jakhalse, Katte en
Springbokke vervloek, omdat hulle ook in die donker blink. Daarom
sê hul dis die Sterre wat "Tsau, Tsau!" snags in die somernagte
roep--hulle vervloek net wie blink oë het.
As 'n groot blink Ster saands bokant die bergrante sij verskijning
maak, dan word in die grootste eerbied uitgeroep: "Vat mij hart,
wat gebrek lij. Gee mij jouw hart, wat in oorvloed klop. Want ek glo
nie dat jij gebrek kan lij nie. Alles daarbo bij jou rol en skitter
in oorvloed. Vat mij maag, wat so beestelik honger voel, mij maag,
mij maag, wat brand van gebrek. Gee mij jouw maag, wat gevul is met
die lekkerste kos. Jij lij nooit honger nie; daarom is jij so groot,
so vet en so blink. Vat mij arm, wat so sleg skiet, wat nie kan raak
skiet nie. Al hou mij oog hoe mooi korrel, dit is mis en blij mis. Gee
mij jouw arm, waarmee jij so net skiet--altijd raak en nooit mis
nie. Dan sal ek, en mij vrouw, en mij kinders, en algaar ons mense
genoeg kos krij, dat ons gesigte ook kan blink, dat ons harte ook
kan skitter, dat ons ook so skoon en vet kan word. Toe help ons;
help ons--en help ons mooi!"
Op hierdie manier kom al hulle vereerde Wesens aan die beurt. Iedereen
word na sij aard aangespreek.
Om die Hotnotsgod, 'Kaggen, word hande geklap en gedans: Sij naam
staan hoog. Hulle roep uit: "Jij, 'Kaggen, hou jouw kop hoog. Jij
vat raak waar jij grijp. Leer ons jouw slag, en ons sal nie gebrek
hê nie. Jij eet gulsig, maar jij eet lekker. Volopkos is jouw naam!"
Vir die denkbeeldige Waterslang roep hul uit: "Jouw bors roggel, omdat
dit vol water is. Die Sterre het jou lief--daarom blink die steen op
jouw kop. Gee ons water in die woestijn, waar die vreemdeling van dors
moet sterwe. Gee ons water waar geen water is nie. Kruip onder die
grond, waarheen ons voetspore heenloop. Waar ons trap met ons voet,
laat die water onder die grond daarnatoe stroom. Maar stop die fonteine
dig toe as jij die getrap van vreemdelinge hoor. Met jou as ons vrind
lij ons nooit geen dors nie. Maar die vreemdeling moet jij haat wat
ons wild kom skiet en verja, wat ons en ons kinders kom verdrijwe."
Die Waterbees word in tijd van droogte aangeroep: "Waar wei jij nou in
die groen-grasvleie? Jij het lekker; maar ons wild word maer en trek na
ander volop streke weg. Ons bene is moeg om die wild te agtervolg. Kom
gouw, kom gouw! Ons kom jou haal, om hier te laat reën, dat die wild
kan terugkom. Ons hoor die geblaas van jouw neus. Mistige-weerwolke
stoom daar uit. Die asem van jouw neus ruik soet en verkwik die dorre
veld. Jouw voetstappe trippel oor die grond soos 'n Kwagga wat gaan
drink. Windmaker is jouw naam!"
NABERIG.
Ons het die "Boesman-Stories" in vier Deeltjies geskrijwe:--
Deel I bied ons tans aan, en handel oor die godeleer en vertellings
wat in nouw verband staan met die Boesman se godsdienstige opvattings.
Deel II sal bevat dierstories, soos deur Boesmans vertel. Dadelik sal
opgemerk word dat die Boesman se verhale van die Diere glad anders
klink as die Hottentotstories. Bij die Boesmans is Wolf glad nie die
domkop en Jakhals altijd die slim man nie.
Deel III sal bevat gemingde verhale wat betrekking het op die Boesmans
hulle gebruike en gewoontes.
Deel IV sal eweneens bevat gemingde vertellings wat meer van 'n
avontuurlike aard is.
Die Boesman-stories is maar nog baie onbekend, en daar bestaan
geen beter hoop om hulle later beter te ken nie. Dus hoop ons dat
oningewijdes van baie dingetjies in hierdie "Boesman-Stories" sal
hoor wat hulle nog nooit ter ore gekom het nie--daar sal minstens
'n honderd sulke sprokies meegedeel word.
Die lewensaard, die strijd om te bestaan en die gedagtes van 'n
Boesman, wat aan uitsterwe is, is wel interessant genoeg om te volg,
en voer ons eeuwe terug in die gees, al staan ons nou op die treetjies
van Heden.
Die Skrijwer.
NOTAS
[1] Die woord gramadoelas is 'n Afrikaanse woord, wat beteken 'n
aaneengeskakelde, woeste en onbewoonde gebergte, waar 'n mens net sien
koppe, rante, klowe, kranse, afgronde en houtbosse, wat algaar met
'n blouwkristalhemelgewelf oordek is.
[2] Die Kaffers het dieselfde geloof, dat die Swareweer 'n groot
Voël is, wat die wolke uit die see gaan haal, en sê verder dat 'n
mens daardie Voël met 'n asgaai kan doodgooi--maar dan moet daardie
persoon net gouw wees.
[3] Dit is ook 'n Kaffer-bijgeloof.
End of Project Gutenberg's Boesman-Stories, Vol 1 of 4, by G. R. von Wielligh
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 1. MITOLOGIE EN LEGENDES ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Schoonees, P. C. (Pieter Cornelis) | 1,891 | 1,970 | Schoonees, Pieter Cornelis | af | [
"LCSH=Afrikaans literature -- History and criticism",
"LCSH=Afrikaans prose literature -- History and criticism",
"LCC=PT"
] | [
"South Africa"
] | 2006-04-18 00:00:00 | 46 | The Project Gutenberg eBook of Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Author: P. C. Schoonees
Release date: April 18, 2006 [eBook #18203]
Language: Afrikaans
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING ***
Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online
Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net
DIE PROSA VAN DIE TWEDE
AFRIKAANSE BEWEGING.
AKADEMIES PROEFSCHRIFT
TER VERKRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DE LETTEREN EN
WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GEZAG VAN
DE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P. ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE
FAKULTEIT DER WIS- EN NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE
VERDEDIGEN IN DE AULA DER UNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER
1922, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR
DOOR
PIETER CORNELIS SCHOONEES,
GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA.
AMSTERDAM
Drukkerij en Uitgeverij
J.H. DE BUSSY.
MCMXXII
_Aan my vrou
en kinders_.
_VOORWOORD_.
_Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is
dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van
Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige
jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde PRINSEN, my geagte
promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel
te danke het_.
_Ook aan U, hooggeleerde BOER, BRUGMANS en STOETT wens ek my opregte
dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese
wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie
getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U,
hooggeleerde SIX, SWAEN en SCHOLTE betuig ek ook my erkentelikheid_.
_Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek
baie op prys stel_.
_Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek
en by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is
ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van
Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief_.
_Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou SPIER, die heer
J. INGWERSEN Sr., mevrou SCHABERG-KEMINK en die famielie NIERKENS aan my
en my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en
studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself.
Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die
Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal
ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat
soveel gedoen het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul
gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te
staan. In die sonnige suide sal die glimlag van hul vriendskap nie
vergeet word nie!_
INHOUD.
VOORWOORD Bls. VII
HOOFSTUK I.
DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING Bls. 1-28
§ 1. Historiese Inleiding (1-4). § 2. Teëstelling tussen
die Eerste en Twede Beweging: (4-6). § 3. Die Twede
Beweging veel meer dan Taalbeweging (6-7). §4. Gevaar
vir Isolasie (8). § 5. Kultuur-toestande (8-14). § 6.
Kalvinisme en Kuns (14-18). § 7. Die Prosa.--Algemene
Karakteristiek (18-25). Krietiese Standpunt (25-27).
§ 9. Beperking van Onderwerp.--Indeling (27-28).
HOOFSTUK II.
POLEMIESE PROSA Bls. 29-40
Adv. J.H.H. de Waal (29-30). G.S. Preller (30-31).
Dr. D.F. Malan (31-32). Prof. N.J. Brümmer (32-33).
_Die Brandwag_ (33). Prof. J.J. Smith (34). Dr. T.B.
Muller (34-35) _Ons Moedertaal_ (36). Adv. C.J. Langenhoven
(37-40).
HOOFSTUK III.
PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE Bls. 41-61
§ 1. (a) _De Goede Hoop_ (41-43). _(b)._ (43-45). § 2.
_Die Brandwag_ (45-55). Jan F.E. Celliers (48-53).
Hettie Cillié en E.H.F. de Roubaix (53-54) Iz. van
Heerden (54-55). § 3. _Die Huisgenoot_ (55-60). § 4.
Ander Tydskrifte (60-61).
HOOFSTUK IV.
G.R. VON WIELLIGH, "Die Laaste stem uit Die Genootskap
van Regte Afrikaners" Bls. 62-99
Lewensskets (62-63). _Eerste Skrywers_ (63-66). _Jakob
Platjie_ (67-71). _Huis en Veld_ (71-74). _Staan jou Man_
(75-77). _Boesman-Stories_ (77-82). Styl en taal (82-99).
HOOFSTUK V.
ROMANS, VERHALE EN SKETSE Bls. 100-230
§ 1. Adv. J.H.H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sy
twee romans (100-103). Is _Joh. van Wyk_ 'n historiese
roman? (104-108). De Waal se romans is intriegeromans
(109-111). Karaktertekening (112-117). Natuurbeskrywing
(118-119). Styl (119-125). Dialoog (126). Anglisismes
(127-130). Taal (130-132). _Stompies_ (132-133);
§ 2. J. Lub (133-135). § 3. J.G. Engela (135-136).
§ 4. Adv. C.J. Langenhoven: Lewensskets (136-137).
_Ons Weg deur die Wêreld_ (II en III) (137-140).
§ 5. Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D.F. Malherbe:
_Vergeet nie_, inhoud (141-143). Bettie se "offer" (143-148).
Karaktertekening (148-150). Gebrek aan objektiwiteit
(150). Styl (151-158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard
(158-159). § 8. Joubert Reitz (159-161). § 9. Jochem van
Bruggen: Lewensskets (161-162). _Teleurgestel_ (162-171).
_Op Veld en Rande_ (171-174). _Ampie_ (174). _Die Burgemeester
van Slaplaagte_ (174-176); § 10. Gordon Tomlinson
(176-180). § 11. Adv. H.A. Fagan: Lewensskets:
_Uit 'n Studente-Album_ (181-182). _Uitgesogte Afrikaanse
Verhale_ (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets;
_Celestine, Verborge Skatte_ (183-185). _Die Lokaas_
(186-188). § 13. Léon Maré: _Die Nuwejaarsfees_
(188-195). _Ou Malkop_ (195-197). § 14. D.P. du Toit
(197-199). § 15. A. du Biel: _Getrou_ (199-202). _Die
Misdade van die Vaders_ (202-205). § 16. Mevr. M.
Jansen-Pellissier: Lewensskets; _Die Veldblommetjie_;
Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207).
Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H.
Malan: Lewensskets (209-210). _Die Swerweling_ as
historiese roman (210-212). Karaktertekening (212-14).
Styl en taal (214-219). § 18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets
en inhoud van _Twee Rampe en twee Gelukke_
(219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220).
Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225).
§ 19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto
(228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230).
HOOFSTUK VI.
SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bls. 231-248
§ 1. Ds. Willem Postma (_Dr. O'Kulis_): Lewensskets
(231-232). _Die Eselskakebeen_ (232-233). § 2. Reenen
J. van Reenen: _Die Agterstevoortrekkers_ (234-239).
§ 3. Adv. C.J. Langenhoven (_Sagmoedige Neelsie_):
_Sonde met die Bure_ (239-243). _Doppers en Filistyne_
(243-248).
HOOFSTUK VII.
DIDAKTIESE PROSA Bls. 249-261
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: _Ons Weg deur die
Wêreld_ I, IV, VI, IX (249-253). _Aan Stille Waters_.--Langenhoven
se letterkundige opvattings (253-259).
§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt: _Praatjies met die Oumense_
(259-261). § 3. G. Jordaan (261).
HOOFSTUK VIII.
DIEREBESKRYWING Bls. 262-269
§ 1. A.A. Pienaar (_Sangiro_): Lewensskets (262-263).
_Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld_ (263-269).
Hans Anton Aschenborn (269).
HOOFSTUK IX.
REISBESKRYWING Bls. 270-273
§ 1. A.J. Jacobs (_Dómine_): _Reisavonture op Land en
See_ (270-273).
HOOFSTUK X.
HISTORIESE PROSA Bls. 274-325
§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller:
Lewensskets (276-278). _Voortrekkermense I_ en _II_ (278).
_Dagboek van Louis Trigardt_ (279). _Piet Retief_ (279-282).
_Kaptein Hindon_ (282-283). _Baanbrekers_ (283). _Twee
Geskiedkundige Opstelle_ (284). _Genl. Botha_ (284-285).
Letterkundige Opvattings (285-288). § 3. J.H. Malan:
_Boer en Barbaar_ (288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff:
_Vaalrivier, Rebellie-Sketse_ (292-293). § 5. J.A. Smith:
_Brit en Boer_ (294-295). _Naar Bloedrivier en Paardekraal_
(295). § 6. Dr. J.D. du Toit _(Totius)_: _Ds. S.J. du Toit in
Weg en Werk_ (296-300). §7. Ds. W. Postma (_Dr. O'Kulis_):
_Doppers_ (300-301). _Die Boervrou_ (301-304). § 8. Thos.
Blok: _Grensboere_ (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener: _Sarel
Cilliers_ (305-307). § 10. A.J. van der Walt: Lewensskets
(307). _Noordwaarts_ (308-310). _Vastrappers I_
(310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: _Kronieke van
Noordelike Transvaal_ (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell:
Lewensskets (313), _Die Voortrekkers_ (314-315). _Christiaan
de Wet_ (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe:
_Marthinus Theunis Steyn_ (317-324). § 14. Mevr. Lenie
Boshoff-Liebenberg: _Moedersmart en Kinderleed_ (324-325).
NAAMREGISTER Bls. 327-330
HOOFSTUK I.
Die Twede Afrikaanse Beweging.
§ 1. Historiese Inleiding.
Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn,
die _Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het
onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke
Provincie_ (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n _Engelsman_ gewees, wat
allereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat
Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en
beter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die
skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H.
Meurant (1811-1892) was.[1]
Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word
Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur
die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7
September 1872 in _De Zuid-Afrikaan_ 'n artiekel skryf oor _De Bijbel in
het Afrikaansch_, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus
1875 vaste vorm kry deur die oprigting van _Die Genootskap van Regte
Afrikaners_.[2]
Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op
taal- maar ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers
behandel.[3] Reeds vóór die anneksasie van die Transvaalse Republiek
(1877) het _Die Patriot_ al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4]
"en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die
patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n
oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die
digter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier môreskemer,
eendag."[5] Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale
herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op
15 April 1881 verklaar _Die Patriot_: "Die Afrikaners, veral die jeug,
het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teën Engels,
en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Die
verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek
nou beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die
volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel al
duidelike kieme te sien is.[7]
Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie.
Die Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die
volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die
on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslag
aan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke _volte
face_--en gevolgelike onpopulariteit--van die persoon, die aan die spits
gestaan het van die beweging wat, in die oë van die publiek,
onafskeidelik aan hom verbonde was."[8] Heeltemal dood was die
Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a. die
bloemlesing van Pres. F.W. Reitz, _Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte_,
asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juis
is die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy tyd 'n
kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel
nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns
as onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se
optree--al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie--een
van die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse
skryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan
'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers
begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (_Die Huisgenoot_ Mei
1922.)
Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die
Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse
Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895
maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en
1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller
(was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom
het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld....
Waar hul vroeër, teenoor die naturelle, hul _stam_verwantskap gevoel
had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een
_nasie_ is.... In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard
het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die
dood die lewe gevoed. Die puinhope van die twee Republieke het die
vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die
Kaap tot in Kongoland, en van Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"[9]
"In die oorlogsjare.... is die vaderlandsliefde in lewendige ligte
uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die vreemde kom besinning en inkeer
tot menige Afrikaner. En na Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer,
en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die geheue drup."[10]
Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê:
If a state submit
"At once, she may be blotted out at once
And swallowed in the Conqueror's chronicle.
But in wars of freedom and defence
The glory and grief of battle won or lost
Solders a race together--yea--tho' they fail,
The names of those who fought and fell are like
A banked up fire that flashes out again
From century to century, and at last
May lead them on to victory,--I hope so--
Like phantoms of the Gods."
Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur
'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in
die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit
egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken
word.[11]
§ 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging.
Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar
dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry
en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken.
Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal
te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien
hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die hele
beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van een
talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling waarop
die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer verskil van
politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar gelukkig het
die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyf of meer
renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie.
Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende
persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die
gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die
maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat
'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die neëntiende
eeu allermins te verwagte was. Aan die Kaap het wel betreklike rus
geheers, maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem
alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die
Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die
insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die
land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van
die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse
elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en
kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in
Zuid-Afrika een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig
van karakter, dat men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de
wedergade zal vinden."[12] In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie
opbloei nie. Daar was geen tyd vir rustige besinning nie en die vinnige
loop van die gebeurtenisse het alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik
gemaak. Voeg ons daarby nog die stryd op taalgebied en die gebrekkige
eenheidsbesef, dan hoef dit niemand te verbaas nie, dat die
kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters alleen voortrekkerswerk
kon verrig.
Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk
kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike
wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die
geskiedenis van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige
vooruitgang, wat sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo
toeneem. Die "nou-rym-ons-lekker"-periode[13], waarin iedereen, van
Generaal Joubert af tot die skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar
gedraai het, was verby en al dadelik word op die ernstige strewe van die
Twede Beweging nadruk gelê. In 1906 sê Preller al: "Afrikaans het tot
hiertoe groteliks gedien als 'n soort van trog, om al die o'erloop
vulgariteit van die nasie op te vang";[14] en Jan Celliers verklaar in
sy brosjure, _Doel van Ons Tydskrif_: "As ons let op wat in hoofsaak tot
nog toe gelewer is in die Afrikaanse taal ... dan kan dit ons nie
verwonder nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik
om mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel
erken moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie
werk is, is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis
word.... Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die
sterkste geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees
vir ons om die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees _om
hom in te lei tot hoëre dinge_."[15]
§ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging.
In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al
gou blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van _Die Patriot_
nie uitsluitend 'n _taal_beweging is nie. Generaal Hertzog begroet _Die
Brandwag_ as volg in die eerste nommer: "Het Afrikaanse volk ontwaakt
tot het gevoel van mannelik eigen kracht, eigen waarde en zelfrespekt,
verlangt zichzelf te zijn.... Te lang reeds is 't volk begocheld
geworden door de luister van vreemde reklame en bedrogen geworden door
't hooghartige ener aangematigde uitheemse meerderheid. Evenals op
industrieel en maatschappelik gebied, zo ook op intellektueel gebied
willen wij onszelven zijn. Wij willen zijn zoals _wij_ zijn en niet
zoals _anderen_ zijn...." En al gaandeweg groei die besef, dat die
grondslag van alle beskawing is die ontwikkeling van die hele volk
volgens die noodwendigheid van sy eie siel en sy eie geaardheid. "Ons
praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk vir 'n Afrikaanse
toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die erkenning van ons eie
taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die vadere aan ons
nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n volk van
ander volke onderskei.... Die skokkende gebeurtenisse van die laaste
twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef dat
hul lede is van 'n Afrikaanse volk--'n volk met eie tradiesies en sedes
en gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die
aarde."[16]
Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid. Daar
word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook pogings
aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n Teken van die
kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat met liefdevolle
ywer gewerk word om die geestelike erfgoedere van die voorvaders teen
verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op kultuurgebied is die leuse
orals: "oneigene, ik late u, ... gaat reizen!" Die laaste boodskap van
President Kruger, waarin hy die volk aanspoor om uit die verlede te neem
wat goed is en daarop voort te bou vir die toekoms het in goeie aarde
geval. 'n Eensydige betragting van die mooi leuse lewer egter groot
gevaar op. Die strewe na 'n eg-Afrikaanse kultuur mag nie lei tot 'n
skrikkerige afwering van alle vreemde invloede nie. Geskiedenis beteken
juis verandering, en as ons vandag probeer om 'n beskawing te ontwikkel
uitsluitend uit wat ons as goed Afrikaans in die verlede voorkom, dan
moet dit op mislukking uitloop. Hoe hoog ons ook al die tradiesies van
die voorgeslag skat, ons moet nie vergeet nie, dat ons tans voor ander
probleme as ons voorvaders staan. Jan Celliers het in 1913 al gewys op
die onmoontlikheid van isolasie: "Die dag sal nog kom dat Suid-Afrika
net soos enige beskaafde land gelyk-op sal deelneem aan die wêreld se
beweginge en worstelinge op geestelik gebied, aan die wêreld se
vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog koester, om van S.A.
'n soort alleenstaande Israel te maak--bang en wars van uitlandse
inmenging en invloede--is 'n droombeeld wat met die dag reeds vaer
word."[17]
§ 4. Gevaar vir Isolasie.
Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerige angsvalligheid alle
buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n benoude,
stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer Afrikaanse kuns
te kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet maar aansukkel op
ons eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad anders is as in die
ouere kultuur-lande. Dat hierdie rigting totaal verkeerd is, word al
dadelik bewys deur die feit, dat ons beste kunstenaars juis onder die
inwerking van buitelandse invloede hul skoonste werk geskep het. Die
egte kunstenaar laat hom nie verbaster deur 'n vreemde kultuur nie. Hy
ontleen daaraan wat vir die volle ontplooiing van sy gees diensbaar is,
en vervorm en verwerk die vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer
nasionale kunswerk. 'n Volk wat nie sy man kan staan teenoor vreemde
invloede nie, gaan te gronde en so ook die kunstenaar. Maar met reg kan
ons van hom eis, dat hy ons blik sal verruim en ons in intieme aanraking
bring met die kuns ook van ander lande. Isolering op letterkundige
gebied sou beteken opdroging, sou aanleiding gee tot 'n eindelose
herkouery. Laat ons kunstenaars dus gerus van alle oorde hul gees
verryk. As hul mans genoeg is, sal hul selfstandigheid niks daaronder ly
nie en ons kuns sy nasionale stempel behou. In elk geval geen Chinese
muur rondom Suid-Afrika nie!
§ 5. Kultuur-toestande.
Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n
waaragtige diep-wortelende kultuur is. Maar so 'n kultuur is in elk
geval in wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon- en
beeldhoukuns maak al ons harte bly. Wie dan nog let op die wondere
ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat daar
inwendige kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog grootser
skoonheid sal lei. Ook by ons wag die jeug "het hoofd vol duistere
glories en de handen bevend van voorgevoel."[18]
"Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de
dichters, waar zij muziek gaande maken en gezongen worden; of waar zij,
vanaf het tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters,
die een volk, aan zichzelf ontdekt, één maken."[19] So het ook ons
digters die dinge, wat daar roer en woel in die hart van die nasie,
vertolk en die solidariteitsgevoel versterk, terwyl die prosaïste ons
gevoel van nasionale eiewaarde verhoog het deur die skildering van
grootse dade uit die wordingstydperk van die volk.
Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk, wat
nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale
kultuur. Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n
egalige en natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot
gedeelte van die volk--miskien kan die werklike toestand benader word
deur te sê die helfte--leef nog voort in byna volslae onkunde van die
kultuuropenbaring, wat orals om hul opbloei. By so 'n besondere
gebeurtenis as 'n Dingaansviering b.v. merk hul wel dat daar 'n roering
is, maar die dieper betekenis van die kultuurbeweging bly onbegrepe,
omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling die orgaan daarvoor mis.
'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye
is die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage
agterlikes het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde.
Daaraan moet toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende
elemente in ons kuns.
Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as
een versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan
van dowwe verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te
laat kry in die intellektuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie
word nie verspil op debatte van die: "Wat is sterker: vuur of
water"-tiepe nie? As 'n mens so maand na maand die notule van baie
vereniginge, (gelukkig nie almal nie) deurlees, dan kan jy jou verbaas
oor die deurtrapte advokate-listigheid, wat aan een of ander
beuselagtige onderwerp bestee word, en die geesdriftige koppigheid
waarmee die kwessie eindelik uitgebaklei word. Triomfantelik word dan
die uitslag aan die pers meegedeel, asof dit 'n belangrike probleem is,
wat nou vergoed opgelos is! Op baie plekke is daar gelukkig mense wat
leiding kan gee, en daar bereik die vereniging of lees- en studie-sirkel
dan ook sy doel, maar dit is 'n feit dat meer as een persoon, met behulp
van 'n bietjie gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe sy
geestelike ontwikkeling hom geen reg gee nie. Op die manier kry ons
kunsdespote in onderbaadjie-sakformaat, wat, ondanks hul goeie
bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene kunsbegrip
en die opbruisende energie van die jong mense op niksbeduidende sakies
laat verflenter.
Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die
wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike
goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende
skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel
te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik
geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue
rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het
vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n
geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering
alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word
deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na skoonheid
in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kultuur.
As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n
simptoom is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een
inspirerende voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur
van 'n regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting van algemene
waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en onmisbaarheid van
kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat die gemeenskap belang
stel in ideële goedere. Die suksesvolle reise van Lauwerijs en
Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.[20] Naas al die
tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie opgesom[21]
kan nog gewys word op die oprigting van die _Tydskrif vir Wetenskap en
Kuns_ in Bloemfontein (1922).
Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as
daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die
volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar
Dr. H.J. Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te
min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom
meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke
idealiste.... Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n
verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde
vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir
resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie."[22] Die
skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by die
meeste van ons, die bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste
smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die
beoordeling van skilderye."[23]
Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my soveel
per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (_Die
Huisgenoot_, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die
geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van _Ons Land_, 1919,
beveel Ds. J.P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel:
_De Dronkenschap van Dokter Dirkse_, waarin alle woorde met die letter
_d_ begin. Dat dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, blyk
uit die volgende: "De drank doet duizenden dwaasheden. Daarom drinkers,
die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. Doorziet daardoor de
dwaasheid der dronkenschap, de droevige doodslag der drankzuchtigen.
Doodt dus dadelik, doch degelik de drankduivel. Doet dus de drankduivel
deerlik delgen...." Sedelike oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad
'n "droevige doodslag" op die kuns laat pleeg! Dat so 'n
rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon word, is 'n aanduiding
dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig is. Ook die opvoering
van so 'n kykspel as die _Medea_ van Jan Vos op Pretoria[24] deur die
"Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken.
Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak,
wat seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die
mense wat so los in hul skoene staan--en wat hulself tog vir erg beskaaf
hou--tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos
_Tit-bits_ en die _Strand Magazine_."[25] En veel uit die volgende, wat
in 1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: "As ons let op wat tot nog
toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ...
gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese--die
soort soos Captain Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig
hou met die growwe feite van die lewe--nog altyd die meeste in die smaak
val.... In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie--ons hele
bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en alledaags.
Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld daarbuite al
moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie."[26]
Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kultuur
"oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie,
dis geleen. Ons sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ...
As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes,
dan praat ons so ongemerk ... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: "Op
die gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral
ons taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied
het ons waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter
ontwikkelingsproses deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die
tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n
groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons met verbasing en blydskap
vervul."[27]
Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op
het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die
verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het
feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat ons
volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik
bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is....
Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen--het Hollandse,
het Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van Midden-Europa,
die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de natuurlike
erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en
Romeinen."[28]
Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat van
'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste
druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste
musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy
eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe
primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die
toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur.... Ons
volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om
hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie
skilderstukke nie."[29]
By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word
op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse
letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit
geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers
soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, òf totaal onbekend, of
nog alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg
het dan ook die Akademie daarteen protes aangeteken[30] en in die laaste
jare kom ook hierin verbetering.
§6. Kalvinisme en Kuns.
'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner
volk Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen
zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n
opvoeren van _Hamlet_ zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J.
Brümmer.[31] "Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op
'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die
"teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was "'n school voor de
beoefening van de deugd der onderworpenheid, ... was genoeg om de
Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de
weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder ons volk
op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking
wees, maar laat ons veral die somber stemming nie oordryf nie. "Om den
wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden
lach doen spelen", sê Dr. Kuyper.[32] Dit was by ons nie nodig nie, want
'n guitige humor is juis een van die kenmerke van die Afrikaner volk. En
in die "meedogenloze" natuur van Suid-Afrika is die stralende son tog
steeds 'n simbool van blyheid gewees, wat ons uit die bedompige huise
gelok 't na jag- en veldvermaak.
Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog
veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om
die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook
al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n
agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te
toon wat 'n voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die
Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie,
want as afstammeling van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die
idee vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van
die afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse
kerkvensters mee te versier."[33]
Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling
gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes
bevorder.[34] "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n
voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand
verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante ten gunste
van die voorstel was. In _Die Banier_ (Des. 1921) bepleit Dr. H.J. Steyn
die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die tyd is verby
om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse
toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons
nasionale gevoelslewe."[35] In die taalstryd het die liefhebbery-toneel
uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar geselskappe, wat groot
gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in 1910 al: "Dis op ander
plekke ook duidelik gebleke dat die toneel 'n magtige middel kan wees
tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n spieël voor te hou van sy
drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel boesem eerbied en liefde
in vir die landstaal. In ons land, veral, waar so min gelees word, kan
die toneel 'n groot rol speel ..."[36]
Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse
letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag
_De Dichter als Ziener_ sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige
tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters
betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen
aan dat ideëel-zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet
hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige wereld." (II p. 57). Ter
stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire, _Kunst- en Levensbeelden_.
Van _l'art pour l'art_ wil Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy
Prof. Woltjer aan: "Het begin en einde van alle poëzie is de ere Gods in
het woord Hem toegebracht uit en door zijn schepsel".
In 1912 spreek Dr. I.J. Marais ([oorlede] 1919) sy professorale
banvloek uit oor "De Nieuwere Richting in de Nederlandse
Letterkunde",[37] waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij
verheerliken de kunst; zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden,
vaak door geen mens verstaan ..." Beets, Da Costa, Van Lennep,
Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet--die noem hy
almal "sterren van de eerste rang"! "Met hun heengaan nam de
middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om
manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die les te lees word genoem
"verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg die
uitspraak: "De _Opstellen_ van Van Deyssel, de _Letterkunde_ van Kloos,
de _Studies_ van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral
die wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot teëspraak. "Het
_èsthetiese_ neemt de plaats in van het _etiese_. Het schone wordt
verheerlikt tegenover het goede en het ware, en het heilige." Steunende
op Taco de Beer en Ds. Hulsman word die wêreldbeskouing dan veroordeel.
Johan de Meester en Vermeylen val onder die skrywers "van mindere rang"
en alleen enkele sonnette van Perk vind genade. En eindelik kom die
volgende sug van verligting: "Goddank dat onze Zuid-Afrikaanse
schrijvers ons een andere weg hebben aangewezen ... Couperus, Van Eeden,
Van Deyssel en anderen kiezen wij niet tot model in Z.A. Daartegen
waarschuwen wij ..." Prof. A. Moorrees breek 'n lansie vir Bilderdijk in
sy dankwoord en prys die kritiek van Beets teenoor die "van sommige
latere kritici, wier kritiek grotendeels schijnt te bestaan uit
geïdealiseerde viswijventaal."[38] Ook Ds. J.D. Kestell verklaar dat
"ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te volgen, men
zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere generatie, en
inzonderheid aan Beets."[39]
As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis.
Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van
Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees
geleer om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te
waarderen"[40] en weier om 'n metode te volg, wat die meeste egte
kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot
sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o.a. onder "de
sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipiële voorligting by die
moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n
Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n
veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog mense
wat glo dat kristelike beginsels teenoor _egte_ kuns nooit vyandig hoef
te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor _Kuns en
Sedelikheid_ nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: "Ons
opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer
verwaarloos.... Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou (nie),
wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van verbode
vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom"? (_Die Huisgenoot_
Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die voetpaadjie van ons
Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale grootpad, word dit 'n
aktuële kwessie.
Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en
S.A. goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne ziel
bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht.
Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de _traditionele_ paden
... En op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn
vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit
gebied.... We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik
naïef. En aan onze _kunst_ komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep
onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds
kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen
hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat
grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags
Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij
_weten_, en _gewaarschuwd zijn_, en niet overrompeld worden."[41]
Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling
wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige
vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om
vastigheid te gee op stylgebied.
§ 7. Die Prosa.--Algemene Karakteristiek.
In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die
Afrikaanse Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante
elemente--en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n
weerspieëling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer
het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd--'n stryd wat
feitlik elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande
taalkwessies, waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou
bekommer nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons
volksbestaan, vir ons volkseenheid. "Ons jong Afrikaanse taal _moet_ win
en _sal_ win", is die vlammende passiekreet van die herlewende volk; en,
eweas die manne van die Pleïade in Frankryk, verdedig ons kunstenaars
met heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan 'n lang
periode van geestelike knegskap beëindig word; vol van die besielende
weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen die
wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan ons
op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar seker
sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders blink in
die skittering van 'n nuwe son.
Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n
rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak.
Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog
alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in
die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter
van fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die
teenstanders: "Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend gewerk
en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur kan
ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende skoonheid
wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die uitdagende
houding van die voorstanders van Hollands, wat hul steeds beroep het op
'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van durf. In jeugdige
oormoed het ons aan skrywe gegaan--nie altyd omdat hier binne ons 'n
magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking gedwing 't nie, maar
ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar jaar
het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat in
die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek
dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd
verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in
Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding
meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs
op die pers gekom 't.
Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die
manbaarheid van 'n jong taal--net so min as wat die goue erepennings van
die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte poësie
uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike
onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die "begenadigde
eenling" eenvoudig _moet_ gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n
letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit
iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om
met rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy
daarin die fynste roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings
kan verklank.
Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op
hol bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die
waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale
letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees.
Maar nie in één nag sal daar 'n katedraal uit die velde opdoem nie, soos
Albert Verwey êrens sê. Die waardelose ou timmerasie het ons omgesmyt,
die wanordelike periode van die afbrekery het ons deurgemaak, maar die
tyd is nou ryp om ernstig en rustig te bou aan die nuwe lewende kuns. Ná
die omwenteling _moet_ en sal daar iets groots kom--maar as vanself.
Naas die militante element is daar, soos reeds by die beskouing van die
kultuurtoestande opgemerk, 'n sterk didakties-moraliserende
stroming.[42] Die toenemende sedebederf, "wat saam met 'n
bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het"[43] laat meer as een skrywer 'n
preektoon aanslaan of traktaatjies in verhaalvorm skryf.
Die kunstenaar wat ons 'n didaktiese roman in goeie sin kan gee
ontbreek nog. Carel Scharten sê tereg: "Het (is) ongetwijfeld mógelijk,
dat ... een strekking, mits tot een bezielenden hartstocht gegroeid, een
gróót talent tot de hoogste en tevens voor ieder verstaanbare kunst
opvoert...."[44] By ons het die didaktiese stroming op die gebied van
die roman nie veel meer opgelewer as soetsappige vermanings nie, wat
heeltemal los en uit die verband staan, of anders verhale, opsetlik só
saamgestel, dat die strekking die _enige_ doel is. Langenhoven, wat
aanvanklik sy lewenswysheid op betogende wyse meegedeel het, begin dit
nou in verhaalvorm te verwerk en by hom is daar seker kans, dat die
strekking tot besielende hartstog sal vergroei en mettertyd 'n
opbloeiing van gemeenskapskuns bring. Hy en ander skrywers teken die
kultuurverbastering op satieries-humoristiese wyse, terwyl die
mentaliteit van die arme blanke en sy agteruitgang in die stede
realisties geskets is deur J. van Bruggen en Lub.
Die romanties aangelegde skrywers volg die voetspoor van historisie soos
Preller en J.H. Malan en verheerlik die nasionale verlede. Die
Voortrekkerperiode veral word met liefde bestudeer, maar ook die
Anglo-Boere-oorlog lewer stof vir 'n paar romans en talryke sketse. J.H.
Malan en De Waal gaan terug na die vroegste tydperk van die Kaapse
geskiedenis, terwyl ook resente gebeurtenisse, soos die opstand van 1914
behandel word. Die invloed van Van Lennep is duidelik merkbaar by
sommige skrywers. Dikwels moet die historiese agtergrond hoofsaaklik
dien om 'n hele reeks awonture meer waarskynlik te maak. Die digterlike
gees, wat die historiese feite moet interpreteer, en deurdring tot die
innerlikste kern van 'n tydperk, sonder versmoor te raak onder
noukeurige argeologiese gegewens is alleen af en toe aanwesig. Daarom is
die resultaat meestal nie veel meer dan "'n gekleurde historieprent"
nie.
'n Aaneenryging van kakelbonte awonture, wat die nuuskierigheid prikkel
deur al die konwensionele kunsies van 'n vernuftige intriege vind nog
groot byval, selfs by die ontwikkelde klasse. Dit is 'n voorkeur, wat
deur die tallose minderwaardige Engelse ontspanningsromans aangekweek en
in stand gehou word.[45] As 'n skrywer maar behendig die draadjies kan
trek van 'n klompie houtpoppies, liefs met 'n stukkie vierkleur om die
hoed, en hul 'n paar ingewikkelde dansies laat uitvoer, waarby 'n paar
"rooies", of 'n klomp Soeloes in die stof getrap word, dan vind hy
lesers genoeg! Op karakterontwikkeling kom dit minder aan as daar maar
genoeg aksie, beweging en verrassinge is.
Jan Celliers het die oorsake van die toestand as volg geformuleer: "Hoe
kan verwag word dat 'n jong kultuur, wat, so te sê, gister eers ontwaak
het, onder 'n jong volk, wat van die begin af 'n harde stryd om sy
bestaan te stry gehad het teen 'n hardhandige natuur, teen
honderd-duisende barbare, teen 'n vreemde oorheerser van buite, sou
ooreenkom met die van ouer lande? Hoe kan verwag word dat ons vir ons
besonder sou verdiep het in 'n studie van die mens en sy omgewing vir
filosofiese of vir kunsdoeleindes? Ons het die mens en die natuur
bestudeer met die oog op die praktiese vrae van die dag, wat gou en goed
opgelos moes word, waar ons bestaan van afgehang het. En dié stryd hou
nog altyd aan.... Ons bloed is nog aldag te veel in beweging, jaag ons
aan, ons het te veel te doen, ons moet gou klaar wees, het nie tyd om
veel te droom of te peuter nie.... Om een en ander rede is ons romans
nog veel meer op handelinge en vermenigvuldiging van gebeurtenisse
aangelê as op karakterstudie van 'n persoon of versameling van persone.
Dis vir ons onmoontlik om soiets doodkalm te behartig en ons grote stryd
te vergeet; onwillekeurig straal die stryd, en alles in verband daarmee,
in ons werk deur--romans, toneel, alles."[46] Dat die opvatting van 'n
goeie roman, soos deur Jan Celliers in dieselfde voorlesing uiteengeset
nog lang nie algemeen is nie, blyk uit 'n pleidooi in _Die Huisgenoot_
(Okt. 1919), waarin ongetwyfeld die gevoelens geuit word van "die grote
gros van fatsoenlike mense, wat.... 'n pittige, boeiende verhaal belaai
met "kunsies", verkies bo 'n sielkundige studie van mens en natuur."[47]
En dit sal seker nog lank duur voor al die "fatsoenlike mense" tot
juister kunsbegrippe kan opgevoed word en leer insien, dat Hollanders,
wat iets van letterkunde afweet al lank al nie meer op Van Lennep "roem
as 'n egte en groot romanskrywer" nie.
In die laaste tyd is daar egter 'n reaksie gekom op die awontuurlike
rigting. J. van Bruggen, Léon Maré, Kruger, Van Reenen en ander verdiep
hul in karakterstudie en ook in talryke tydskrifverhale word die mens
meer en meer hoofsaak. Deur die genoemde skrywers is realistiese werk
van goeie gehalte gelewer. Oor die algemeen moet egter geseg word, dat
ofskoon ons goeie vertellers het, wat die kuns van aanskoulike
voorstelling verstaan, daar nog uiters selde 'n karakter geskep is, wat
deur plastiese uitbeelding en fyn, menskundige aanvoeling 'n blywende
indruk maak. Daar is meer as een skrywer met 'n raak opmerkingsgawe,
maar ons voel telkens asof die dinge meer deur 'n soort
projeksie-apparaat bekyk word, as deur die oog van 'n kunstenaar. Wat
Van Deyssel "de oppermacht der intuïtie" noem, ontbreek nog.
"The depiction of the external, objective, carnal, precedes in every
form of expression of which we can have records, the consideration of
the internal, the subjective, the spiritual. We go from shapes, and
forms, and bulk, and externals, to the presentation of the life
within."[48]
Daar is al genoeg aanduidings dat by ons die ontwikkeling dieselfde weg
sal volg. En Stoddard toon aan dat dit ook op ander terrein die geval
was. So het die skilders eers die Madonna met 'n oureool geskilder;
later pas "illumined and glorified by a light from within."
Verskillende skrywers het op gelukkige wyse die inboorling geteken en
ook hier is die strewe merkbaar om van die skildering van uiterlike
eienaardighede oor te gaan tot die uitbeelding van dieper menslikheid.
En naas die jagstories met hul bonte awonturereeks staan Sangiro se
_Sketse_, waarin hy probeer "om die diere se gewaarwordinge uit hulle
uiterlike beweginge te verstaan."[49]
Die groot behoefte aan leesstof in die moedertaal het meer as een
skrywer, veral in die begin, uit pure vaderlandsliefde na die pen laat
gryp. "Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed, ons
kan nie wag nie!"[50] was die wagwoord. In baie voorredes kan mens dan
ook sien, dat die enigste doel van die skrywer was om die leeslus aan te
moedig. So verklaar De Waal van sy _Stompies_, dat hulle "van geen
besonder gehalte op letterkundig gebied (is) nie", "die enigste doel van
die skrywer is om te help voorsien aan (lees _in_) 'n nasionale
behoefte".[51] "Ons kan nie ons volk laat agterbly nie", sê Langenhoven
by die verskyning van _Stukkies en Brokkies_ (1911) en selfs in 1918
heet dit nog: "Die hele boek is maar 'n noodshulpie". Ook D.P. du Toit
reken homself maar onder die "handlangers en knoeiers, wat somar
roustene aandra vir die binnemure".[52] Onder sulke omstandighede hoef
die groot gebrek aan tegniek, waarop in die volgende hoofstukke
herhaaldelik sal gewys word, geen verbasing te wek nie.
Vandag is die toestand só verander, dat ons met die volste reg van alle
aspirant-kunstenaars kan eis, dat hulle goed georiënteer is in die
wêreldletterkunde, dat hul ten minste 'n begrip het van die algemeen
erkende tegniese reëls, voordat hulle aan skrywe gaan. Ons kan ook met
reg verwag, dat hulle geen uitgediende, outydse modelle navolg nie, dat
hulle steeds in voeling bly met die literêre vooruitgang in ander lande.
Maar aan die eise het nog net enkele voldoen en daarom het ons
letterkunde allesbehalwe 'n moderne cachet.
Op taalgebied heers daar by die meeste skrywers groot onsekerheid. Daar
is nog 'n soekery, 'n rondvallery om die juiste vorm te kry, wat
natuurlik maklik verklaarbaar is, by 'n geslag wat gister eers geleer
het om sy eie taal te skryf. By meer as een is die taal nog stroef en
onbuigsaam, wanluidend en sonder ritme. Ander weer, soos Preller, wat
goed op die hoogte van die moderne stylkuns is, skryf al in 1906 'n
gekultiveerde taal, klankvol wegdeinend op bevallige ritme en telkens
verrassend deur oorspronklike beeldspraak, ontleen aan Afrikaanse volk
en bodem.[53] Uit tallose voorbeelde in die volgende hoofstukke sal blyk
hoe gevaarlik diep die vreemde parasiete al deur die bas van die
taalboom geknaag het, en hoeveel speurende sorg daar sal nodig wees om
hulle uit te vroetel.
By enkele skrywers is daar 'n welbewuste strewe na mooiheid van klank en
frisheid van segging, by die meeste egter 'n gedagtelose naskrywery van
geykte Hoog-Hollandse beeldspraak. Gelukkig is daar ook al prosa
geskryf, wat bewys, dat Afrikaans in smydigheid, in seggingskrag en
klank alleen 'n kunstenaar nodig het om tot sy reg te kom. Wanneer ons
let op die stroom middelmatige verse, dan blyk dit hoe nuttig Jacob Geel
se uitspraak ook vir ons kan wees: _"Laat ons het Proza bewerken: de
echte Poëzie zelve zal er bij winnen"_.
§ 8. Krietiese Standpunt.
In die volgende hoofstukke word 'n poging gedoen om die letterkundige
waarde van ons vernaamste prosawerk te bepaal. Wie bekend is met die
toestande in ons land sal toestem, dat by die estetiese kritiek 'n
verwysing na die kultuur-historiese waarde van die besproke boeke
noodsaaklik is. In enkele gevalle word dit afsonderlik gedoen, maar hier
kan met nadruk daarop gewys word, dat die meeste behandelde werke, wat
ook al hul gebreke mag wees, en hoe primitief hul ook dikwels mag skyn
vir iemand, wat op die hoogte van die moderne Europese lettere is, _tog
almal, byna sonder uitsondering, voortreflike dienste in ons taal- en
kultuurstryd bewys het_. Daarom pas dit ons om 'n eresaluut te bring aan
al die voortrekkerskrywers, wat ons volk van 'n geestelike hongerdood
gered 't, deur wie se liefdevolle ywer ons nie langer as doofstomme
bywoners in ons eie land hoef te sit en swyg nie. 'n Eresaluut, nie
alleen aan die begaafde artieste nie, maar ook aan die, wat in alle
eenvoudigheid houtkappers en waterdraers was, toe die meeste nog stil
gesit 't, of niks anders as spot oor had vir 'n beweging, wat 'n einde
aan ons lang periode van geestelike knegskap gemaak het.
Die gevoel van piëteit hoef egter ons krietiese vermoë nie te verlam,
mag ons nie belet om sonder doekies omdraai 'n estetiese oordeel uit te
spreek nie. Dit sou 'n verkragting van ons gewete wees en 'n fatale
uitwerking hê op die verdere ontwikkeling van ons jong letterkunde. Nou
dat die taalstryd feitlik afgeloop is, word dit tyd om vas te stel, wat
ons tot dusverre bereik het; om te waardeer wat skoon is, om te laak wat
gebrekkig is. Tyd ook, om die voortbrengsele van ons kuns te meet aan
die meesterstukke van die buiteland. Want ons wil vorentoe beur! Ons wil
Suid-Afrika "hoog opstooten midden in de vaart der volken". Ons wil nie
'n pieperig-bleek kasplantjie hê nie, wat alleen 'n sukkelbestaan kan
voortsleep in 'n vaderlandse broei-atmosfeer. Dit moet 'n _kan-nie-dood_
wees, wat ook die kritiek van ons Dietse stamgenote nie kan ontwortel
nie, in vaderlandse bodem geplant, maar tog bestand teen alle wind en
weer.
Op dié gedagte is ook die krietiese beskouing in die volgende hoofstukke
gebaseer. Wie dit daarmee nie eens is nie, sal op meer as een skynbaar
onbillike oordeel stuit. Maar laat diegene bedenk, dat ons op kuns-, net
so min as op ander gebied 'n laer kan trek en met doringtakke inmenging
van buite afweer. Op die gevaar van isolasie is reeds in 'n vorige
paragraaf gewys. As ons digters reeds so 'n hoë peil bereik het, dat
selfs Europese fynproewers hulle werk kan waardeer, dan hoef ons
prosaïste ook nie met minder tevrede te wees nie. Jong Suid-Afrika
streef ook op kunsgebied vooruit en die kunstenaar wat laag mik, sal in
'n paar tiental jare skoon vergeet wees. Daarom moet ook ons prosakuns
op 'n kosmopolietiese plan kom te staan, wat geensins denasionalisering
hoef te beteken nie. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons tans
verkeer, kan 'n gemotiveerde kritiek, waarin breedvoerig op prinsipiële
kwessies ingegaan word nuttig wees en daarna is ook in hierdie werk
gestreef. As dit lei tot 'n ruimer belangstelling in ons prosakuns, tot
meer vergelykende studie en 'n juister insig in letterkundige
verskynsele, dan is die doel van die skrywer bereik.
Op die ooreenkoms tussen ons toestand en die Vlaamse is al dikwels
gewys en dit geld ook van die kritiek. August Vermeylen sê: "Elke
flamingant achtte het zijn plicht zijne algemeene gedachten in de
godentaal weg te brullen of uit te kwinkeleeren. In het begin onzer
herwording, na het jaar 1830, was de literatuur het voornaamste wapen
der Vlaamschgezindheid geweest, en lang nog meende ieder taalstrijder
dat wapen te moeten hanteeren. Het vergde dan ook meer dan gewonen takt
van den kritikus, om zich niet schuldig te maken aan landverraad, als
hij den rijmelenden taalbroeder wat minder "puik" moest verklaren."[54]
§ 9. Beperking van Onderwerp.--Indeling.
Die volgende bespreking is beperk tot oorspronklike prosa, wat meer of
min tot die terrein van die skone lettere behoort. Buiten beskouing bly
dus _(a)_ suiwer wetenskaplike prosa, waaronder 'n groot aantal
Afrikaanse dissertasies en die _Populêr-Wetenskaplike Serie_ van die
Nasionale Pers; _(b)_ godsdienstige prosa, soos die kinderbybel van Ds.
Conradie en 'n hele paar preekbundels; _(c)_ vertalings en omwerkings;
_(d)_ kinderboeke. Daar word 'n poging gedoen om te bepaal in hoeverre
ons historiese prosa, deur versorging van styl en ander artistieke
kenmerke tot die gebied van die kuns behoort.
In § 7 is 'n algemene karakteristiek van ons prosa gegee. Op enkele
strominge word daar gewys, maar tewens blyk ook hoe alles by ons nog in
wording is. Veral by die romans en verhale is dit moeilik om tot 'n
bevredigende indeling te geraak. Waar daar nog net vae aanduidings is
van enkele hoofgroepe, en die meeste skrywers nog in verskillende
rigtings rondsoek, word dit onmoontlik en ongewens om nou al kampe af te
baken. Om dié rede is die voorkeur gegee aan 'n kronologiese indeling,
wat onder ander die voordeel bied, dat die meeste skrywers as 'n eenheid
kan bespreek word en, waar nodig, die ontwikkelingsgang in hul werk kan
aangedui word. Op die manier is die verbrokkeling van 'n skrywer se werk
soveel moontlik beperk. G.R. von Wielligh word in 'n afsonderlike
hoofstuk bespreek, omdat hy in baie opsigte _"'n Laaste stem uit die
Genootskap van Regte Afrikaners"_ is. Vir die ander hoofstukke is geen
opheldering nodig nie. Op enkele uitsonderings na word hier die
Akademie-spelling gevolg.
VOETNOTAS:
[1] Vgl. _Die Huisgenoot_, Jan. 1922: _Eerste Skrywers en Eerste
Geskrifte in Afrikaans_.
[2] Die vyftigste verjaardag van die _Genootskap_ in 1925 mag seker nie
ongemerk verbygaan nie.
[3] Dr. L. van Niekerk: _De Eerste Afr. Taalbeweging_ (1916); _Ds. S.J.
du Toit in Weg en Werk_, deur Dr. J.D. du Toit (1917); _Eerste skrywers_
deur G.R. von Wielligh (1918); S.J. du Toit, _Geskidenis van die Afr.
Taalbeweging_ (1880).
[4] Vgl. _Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk_, p. 203.
[5] Preller: _Inleiding tot Die Vlakte_, 5de druk, p. 7.
[6] Gesiteer deur Dr. J.D. du Toit: _Ds. S.J. du Toit_, p. 210.
[7] Vgl. Dr. S.P.E. Boshoff: _Volk en Taal van Suid-Afrika_, p. 62.
[8] J.H.H. de Waal in _Die Burger_, 12 en 13 Aug. 1921.
[9] Dr. T.B. Muller: _Die Geloofsbelijdenis van 'n Nasionalis_. (1913),
p. 8.
[10] Preller: _Inleiding tot Die Vlakte_, 5de druk, p. 12.
[11] Die taalstryd het Dr. E.C. Pienaar beskryf in: _Taal en Poësie van
die Twede Afr. Taalbeweging_. Vgl. daarby egter Hoofstuk III.
[12] Dr. W.J. Leyds: _Het Insluiten van de Boeren-Republieken_ I, p. XI.
[13] Vgl. L. v. Niekerk: _De Eerste Afr. Taalbeweging^1_, p. 64.
[14] _De Volkstem_, 18 Aug. 1906.
[15] Ek kursiveer.
[16] _Die Huisgenoot_, Julie 1919.--Prof. J.J. Smith. Vgl. ook Hoofstuk
III, § 3.
[17] _Neerlandia_, Sept. 1913.
[18] Vermeylen: _Verz. Opstellen_.
[19] Carel Scharten: _De Roeping der Kunst_, p. 5.
[20] Vgl. my artiekel: _Kuns regeringsaak,^2 Die Brandwag_, Jan. 1921.
[21] _Taal en Poësie^2_ ens. p. 110-117.
[22] _Die Banier_, Aug. 1921. Dr. Steyn se verdienstelike artiekels oor
_Die Dietse Bond_ het seker reg op meer algemene belangstelling en
behoort herdruk te word.
[23] _Die Huisgenoot_, Nov. 1921.
[24] Dr. E.C. Pienaar: _Taal en Poësie^2_ ens., p. 47.
[25] _Die Brandwag_, Junie 1917.
[26] id. 15 Aug. 1911, _Skrywers en Gekrifte_, deur N.N. (Jan Celliers).
[27] _Die Banier_, Okt. 1921. _Het Geleerde Jong Suid-Afrika 'n
Program?_
[28] _Akademie-Jaarboek_ I, p. 94.
[29] Dr. H.J. Steyn: _Die Banier_, Des. 1921.
[30] _Akademie-Jaarboek_ V, p. 89.
[31] Id. I, p. 83. _Die Afrikaanse Volksziel_.
[32] _Het Calvinisme en de Kunst_.
[33] _Die Huisgenoot_. Feb. 1919.
[34] Vgl. _Jaarboek_ I, p. 49 vlg. en p. 14. Vgl. ook Dr. G. Besselaar:
_Z.A. in de Letterkunde_, p. 95.
[35] In die pers is aangekondig, dat D.J. Smal, die bekende yweraar vir
gelyke taalregte na die buiteland gaan vir tegniese toneelopleiding.
[36] _Akademie-Jaarboek_ I, p. 92.
[37] _Jaarboek_ III, p. 54 vlg.
[38] _Jaarboek_, p. 67. Vgl. ook sy oordeel oor Beets in V, p. 95 vlg.
[39] V, p. 103.
[40] III, p. 68.
[41] _Die Banier_, Okt. 1921 na aanleiding van die tydskrif: _Het
Getij_.
[42] Vgl. § 5.
[43] Dr. W.M.R. Malherbe in 'n voorwoord by _Die Veldblommetjie_.
[44] _De Roeping der Kunst_, p. 399.
[45] Vgl. Jan Celliers: _Die Roman. Die Huisgenoot_, Aug. 1919.
[46] t.a.p.
[47] Die skrywer is J.W. van Kaapstad.
[48] Stoddard: _The Evolution of the English Novel_, Chapter I.
[49] Voorwoord.
[50] Jan Celliers in _Die Volkstem_, 19 Junie 1907.
[51] Voorrede 2de druk.
[52] Voorrede: _Sy Pa se Skuld_.
[53] Vgl. b.v. sy Persoonlike appresiasie van _Joh. van Wyk, De
Volkstem_, 18 Aug. 1906.
[54] _Verz. Opstellen_ II, p. 149
HOOFSTUK II.
Polemiese Prosa.
"Ik houd van woorden, die op mij neêrbonken als vallende balken, van
woorden, die mij voorbijsissen als kogels", sê Lodewijk van Deyssel.
Sulke woorde van "roode gramschap" en "gele spotternij" sal in die
volgende oorsig telkens aangehaal word met die doel om daarop te wys,
dat enkele van ons strydskrifte oor die taalkwessie, nie alleen van
histories, maar ook van letterkundig belang is. Hier word dus geen
gedetailleerde geskiedenis van die taalstryd gegee nie--dit het Dr. E.C.
Pienaar in sy dissertasie gedoen[55].
Met die oprigting van die tydskrif, _De Goede Hoop_, in Julie 1903 onder
redaksie van Adv. J.H.H. de Waal, 'n algemeen erkende voorstander van
Afrikaans, wat al sedert 1897 bydraes in dié taal gelewer het in _Ons
Land_[56] kry die Twede Beweging vaste vorm. As eindpunt van die
taalstryd kan beskou word 7 November 1919, die dag waarop die Kaapse
Sinode Afrikaans as offisiële kerktaal naas Nederlands erken het. Wat
Ds. N.J. Brümmer in 1909 gesê het geld ook tans nog: "Dit is wel waar,
dat so nou en dan nog een of ander Rip van Winkel uit syn slaap
opflikker en teen Afrikaans uitvaar, maar dit is maar die stuiptrekkinge
van 'n slang wat swaar vervel."[57]
In die sestienjarige stryd het daar 'n groot aantal polemiese geskrifte
verskyn, aanvanklik in Hoog-Hollands weens die groot vooroordeel teen
die moedertaal, maar later meestal in Afrikaans. Reeds in die twede
nommer van _De Goede Hoop_[58] moet De Waal "'n geachte correspondent
uit Stellenbosch", wat gekla het oor "te veel Afrikaansch" daaraan
herinner, "dat Kaapsch-Hollandsch bij velen bijval vindt en hoe langer
hoe meer als zelfstandige taal erkend wordt." By sulke kalme
teregwysings het dit natuurlik nie gebly nie en De Waal het later onder
die skuilnaam _Jan van Rosenburg_ die teenstanders meer as een kopskoot
gegee.
Twee jaar later, op 19 April 1905 begint die stryd ook in Transvaal,
wanneer Gustav Preller sy reeks artiekels _Laat 't Ons Toch Ernst Wezen_
in _De Volkstem_ publiseer. Dit is 'n kloek, goedgedokumenteerde
manifes, wat met onverbiddelike logika al die argumente van die
teenstanders ontsenu en as gevolg gehad 't die stigting van _Die
Afrikaanse Taalgenootskap_, op 13 Desember 1905. In Julie 1905 word
Preller se artiekels met weglating van die eerste gedeelte en voorsien
van 'n nuwe inleiding in brosjure-vorm uitgegee, met die ondertietel:
_Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse Schrijftaal_.[59]
Afgesien van die historiese betekenis van Preller se brosjure verdien
dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit letterkundig oogpunt 'n
ereplaas onder die polemiese literatuur van die Twede Beweging. Met 'n
forse stem verkondig hy die waarhede, wat vandag so vanself sprekend
lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen ingang te vind.
In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artiekel 'n
warme oortuigingsdrang op. Met die stryd vir die vereenvoudigde spelling
(1904) het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer iedereen
filoloog! "In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker meer
theologiseert dan uw zoon, die student is in de theologie," sê Allard
Pierson in _Intimis_. Lees mens filologie in plaas van teologie, dan was
dit presies ons toestand. Onder al die dilettante-wysheid en verwarde
taalbegrippe kom egter ook telkens brokstukke van entoesiastiese
welsprekendheid voor, waaruit blyk dat heel die volk in roering was.
Naas die lekeredenasies staan dan die kalm-wetenskaplike betoë en
ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig aan met hul mokerslae
alle opposiesie vergruisel het.
Van die begin af was daar al sekerheid van die uiteindelike oorwinning.
"'n Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die
Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies", sê Preller op 9 Augustus
1905 in _De Volkstem_. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later
vir 'n eie letterkunde: "Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik
dat slegs 'n eige letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote,
deurtrokke van die Afrikaanse gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur
en deur in taal en inhoud, dat so 'n letterkunde alleen bereken is om
hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help om so 'n letterkunde voor
ons mense op te bouw? Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om
op te voed; ons kannie wag nie!"[60]
En in die volgende jaar roep Dr. D.F. Malan: _"Dit is ons Ernst!"_ "G'n
taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n
skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di
taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore
op di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di
volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs
syn skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore
en sterf saam."[61] Op helder wyse set hy uiteen, dat Nederlands nooit
ons volkstaal kan word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. "Di
Afrikaanse Taalbeweging is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk
tot 'n gevoel van eiewaarde en tot di roeping om 'n waardiger plaas in
te neem in di wereldbeskawing."[62]
Hoe die "gevoel van eiewaarde" al sterker word, blyk uit die brosjure
_Die Afrikaanse Nasie_ (1908) waarin Prof. N.J. Brümmer 'n uiteensetting
gee van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat tot nog toe alleen
die Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word "omdat hulle
'n eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword
het". Hy ontken alle "nasionale eenheid" tussen Nederland en Hollands
Suid-Afrika. "Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid
in wereldbeskouing, gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan
tussen die Afrikaner en die Hollander....[63]. Wat die Hollandse
letterkunde betref, die veelbesproke kultuurskat--die bestaan nog vir
enkele spesialiste onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan
ook soms vir studente, solank as hulle vir 'n eksame of prys werk. Ons
volk as volk dra van Hooft, Vondel, Cats of Bilderdijk net so min kennis
as van die man in die maan. Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil
ek nie eers praat nie. Of hierin ooit verbetering kan kom, betwyfel ek
sterk. Die Hollandse skrywers skryf nie vir ons nie, en al sou hulle ook
vir ons skrywe, dan raak hulle tog ons volkssiel nooit." Dit is
verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van die taalstryd gemaak
is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver, al sit daar
natuurlik 'n kern van waarheid in die bewerings. Die werk van sulke
geestelike aristokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die _hele_
nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit, dan sou dieselfde
bewering met die grootste stelligheid van die Nederlandse volk self kon
gemaak word. Carel Scharten sê b.v.: "Het leelijke, het onwegwerkbare
feit is juist, dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en
ongelezen blijven zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast
die voor heel een volk geweest."[64] En in ander lande gaan dit net so.
Edward Garnett sê b.v. van Engeland: "Ons toneel is het grofste in
Europa en onze verwaarlozing van het drama van Shakespeare is werkelik
een schandaal."[65]
Clément Vautel het nog onlangs in verband met die Molière-herdenking
opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. "Ieder
doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat
fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een
vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?"[66]
Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog.
"Ons het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde
en ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels." Maar die manier waarop hy
hom die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig.
"As elkeen van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak,
dan sal dit wel nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde"! Dis
maar gelukkig dat al die Stellenbosse studente nie die raad opgevolg het
nie!
Saam met die Unie gebore, staan _Die Brandwag_ vanaf 1910 trou op die
uitkyk en telkens as artiekel 137 van die grondwet veronagsaam word, het
sy waarskuwingsienjaal weerklink. "Die Afrikaner moet beleefd wees en
ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate
dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne
die wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en
verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die
Afrikaner-taal vernietig word." (_Die Brandwag_, 1 April 1911.) Van
maand tot maand het die redakteur, Dr. W.M.R. Malherbe die stryd vir
Afrikaans voortgeset en 'n hele reeks warm pleidooie is daar te vinde in
die redaksionele kolomme, veral van die eerste jare.[67]
In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel _Oom Gert Vertel_, voorafgegaan
van 'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J.J. Smith, tans professor
in Afrikaans aan die Stellenbosse Uniwersiteit. "Die werk van die
Afrikaanse Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk
moet dit altoos bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n
vrind en 'n bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as
jyself, moet jy oortuig--as jy ten minste nie jou eie ondergang wil
bewerkstellig nie."[68] Die oortuigingswerk doen Smith op meesterlike
wyse. Hier is 'n geskoolde filoloog aan die woord, wat met kennis van
sake praat. "Ek grond my mening op die geskiedenis van die wording van
ander tale en op die herlewing in ons volk."[69] En met onverbiddelike
logika bewys hy, dat die argumente van die teenstanders "alles maar slim
praatjies" is!
Ook _Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis_ deur Dr. T.B. Muller is 'n
pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale
bewussyn. "Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem
geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in
Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Oos Afrika." Hier word die
vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. "In plaas
van na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die
algemene taak van die mensheid." En op oortuigende wyse bepleit hy die
middele om die doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid
getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid
as leier voel. "Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n
langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al
wat goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap.... Die gevaar
van die oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my wel
bewus van; maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op aarde
tot stand kan kom nie...." 'n Warm entoesiasme klink dan ook heerlik op
in sy hele betoog en met gloedvolle oortuiging leg hy sy
"geloofsbelydenis" af: "Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse
nasie vir geen ander burgerreg in die wereld wil verruil nie. Die grote
nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk, ... maar hul dra
ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan
een plek in afgeleefdheid oor te slaan.... By ons is dit so anders. As
'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan te gemoet. 'n Jong volk
leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n
jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die
ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit veel heerliker my
druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en karaktervorming
van 'n jong nasie dan om te help dokter aan; die kroniese kwale van 'n
oue ... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n
vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te
sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n
bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.... Laat Jong
Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam,
maar met sy lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!"
Hoeveel erns daar in die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in
1905 'n Rhodesbeurs van £ 300 per jaar om in Oxford te studeer van die
hand gewys 't, omdat hy "eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man
wie se politiek hy verfoei en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die
vryhede van die Afrikaner-volk."[70] In 1918 is hy aan die griep oorlede
in die ouderdom van 34 jaar. Om die warm idealisme, gesonde argumente en
forse styl is Muller se brosjure een van die beste stukke van ons
polemiese prosa.
Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem die stryd ook in
felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad _Ons Moedertaal_ opgerig
as orgaan van die A.T.V., onder redaksie van J.J. Smith, T.B. Muller en
G.C. Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad
"geen heuningtou" was nie, "waarop allerhande soorte goggas hulle kan
kom vergas.... _Ons Moedertaal_ is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat
Simson met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van syn volk
gebruik het ..." (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans
deur drie Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. "Nou
behoef die Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als
Ismaeliete, teen wie alle man se hand gekeer is; hul veg nou met die
steun van die landswette agter hul rug" (15 Julie 1914). En op
kwaai-sarkastiese wyse het hul geveg! Veral in die kolom _Taalnuws en
Opmerkings_ word nydige klappe uitgedeel. Die beste Nederlands van
Afrikaners noem hul nie meer "amper-Nederlands" nie, maar
"stertjie-Afrikaans", en as _Ons Land_ per ongeluk "_het_ universiteit"
skryf, dan sê _Ons Moedertaal_: "Werkelik dis treurig dat daar in ons
verligte dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee
rigtings tegelyk spartel." (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie
moeg om die "gebasel" van teenstanders te "verpletter", omdat hul "ander
werk het als om slapers en dromers te probeer wakker maak." (1 Nov.
1915.)
Die "ander werk" was dan ook van meer ernstige aard. B.B. Keet pleit op
oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. "Daar is ontsaglik veel
onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek
liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende
beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel." (15 Sept. 1914.)
Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander
hoofstuk bespreek.[71] Smith set sy werk voort in _Die Huisgenoot_,
waarin _Ons Moedertaal_ in 1916 opgaan.
Tot die polemiese prosa moet ook gereken word G.S. Preller se twee
_Taal-Tiepes_, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant (_Die Brandwag_, 15
Feb. en 15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die
Boere veg, raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom "te
arm (is) om te bestaan".
"Wat is 'n _"stoep"_ op Engels, Jiems?" wou een van die seuns weet ...
Dit was ráak. Almal is tjoepstil.--"En wat bedui julle vir _koppie,
spruit, veld, kommando_...?"
Nou was 't Koen se kans om in te vryf: "Dáar het jul dit," sê hy, "die
skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige
Afrikaans." So raak Jiems getroef deur die Boereseuns, wat selfs vir die
lastige sportterme raad weet!
Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer,
kry goed op sy baadjie. Hy wil: "Gij zult de dorschende os niet
muilbanden" vertaal met "Jy moet die os wat koring trap die bek nie
toebind nie". Maar sy optimistiese teenstander weet vir alles raad:
="Vir ons is Afrikaans die taal van die Toekoms in ons wêrelddeel, ons
glo daarin, ons werk en leef daarvoor."=
"Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk,--'n mens
moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so!
Sy hoogmogende is 't nou so waarlik "'n lus geworde om gade te slaan hoe
daar gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te
proef!" En selfs in minder dan tien jaar, selfs in _vyf_ jaar is die
wonder geskied!
Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir
Afrikaans, C.J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die
psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou 't, in 1922 self een van die
eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan! In _Ons Land_ van 12
September 1911 skryf Langenhoven: "Als die Hollandse Kerk my sou vraag
om die Bybel, die psalm- en gesangboek en die formuliere, wat aan my
hart geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te
set, dan sou ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid
daarvoor; en ik sou die voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als
heiligskennend. Dit sou vir my smaak 'n parodie wees."
Een van die laaste, maar ook een van die welsprekendste pleidooie vir
Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die
Akademie in Julie 1914.[72] Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed
so innig, dat dit meer geword 't dan 'n episode in 'n verbygaande stryd,
en op sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie
van gevoelens en gedagtes, wat jare lank in die hart van die volk geleef
het, maar nog nie hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die
"dorstige vulletjies", wat jare lank gesukkel en geploeter het langs
hopeloos versperde ompaaie om by die dam te kom, weet maar al te goed
hoe raak en hoe juis Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van
die pynigende dwaaltog geskilder het! "Ik denk terug met bitterheid aan
die verdere verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en
kollege verlaat, om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes
gedaan het: om dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en
pynlike self-oefening om te set en tot my siels-besitting te maak" (p.
427).
Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak wat
Langenhoven nadruk lê. "Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek
tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstands-medium, en sy gebruik
als 'n gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot
uitwendige openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn"
(p. 428).... "Dit mag vir elke Afrikaner ewe verstaanbaar wees om te
lees: "Die huis se muur is stukkend", of om te lees: "De muur van het
huis is stuk". Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval
voor sy gees. Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste
geval is beeld en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte
onafskeidelik vasgeheg aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met
dieselfde spontane voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld
uit die elemente van vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word
nie" (p. 440).
Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente teen Afrikaans
weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van
Suid-Afrika; daarin "mankeer die goddelike vuur--die element wat
onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke
wa-skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n
Murillo of 'n Michael Angelo maak nie" (p. 445). En die gevolg is: "'n
land sonder skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie
literatuur. Die inspirasie ontbreek.... Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!!
in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om
digters, waar elke tafereel uit ons roemryke geskiedenis skreeuw om
skrywers" (p. 447). Maar met voldoening word gewys op die ontluikende
letterkunde in die moedertaal. "Ons wat so lank kwynend gesuig het aan
die artifisiële gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie
kondens-melk, begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te
word" (p. 449).
Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. "Die Afrikaanse kind
(word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak
dat die taal van sy huis nie 'n taal van kultuur en beskawing is nie"
(p. 460).
Deur die hele betoog klink "die smeekstem van 'n Afrikaner met
mede-Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar
altyd sal bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie" (p.
461). En by die laaste gedagte tril die stem van gloeiende
verontwaardiging: "Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! dis
onse kostelikste roem, onse hoogste besitting: die één enigste
witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar
gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat
ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deur triumfeer het;
die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van
ons volk" (p. 461).
In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes
besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met 'n vlammende aanklag: "Komt
aan, gij de Villiers's en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd
voor--(om 'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht
hadden Hooghollands evengoed als gij, of beter, aan te leren--zoals de
priesters in de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne
heren, waar gij gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van
Zuid-Afrika hongert te midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet,
zoals van gemelde priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven.
Ge hebt ons kultuurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de
bevoorrechten onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest
in onze bittere behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek
noemen--ook niet tot één toe--dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands
geschreven in al de tijd toen men, volgens u terecht, het Hooghollands
onderwees en schreef en predikte, vandaag als een volksbezitting in de
letterkunde leeft. En deze dorre landen van u voorbijgaande zijn _wij_
begonnen--een korte halve generatie geleden--met onze gemene
kombuistaal. En de werken onzer schrijvers in het Afrikaans hebben ons
nu reeds een eigen letterkunde bezorgd, zodat de Afrikaner ook in de
kultuurwereld zijn hoofd niet meer met schaamte hoeft te laten hangen.
Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid hebben waar degenen die ons nu
tegenstaan niets deden?... Komt het u als een kleinigheid voor dat ook
deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal worden door de Rehums en de
Simsais?" So skryf Langenhoven in sy brosjure _De Heilige Ennen van
Rehum en Simsai_, wat onder die lede van die Sinode versprei is. Hoe
mooi word daarin die deftige toon met sy bybelse wendinge vir die
hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord op die brosjure _Onze
Afrikaans-Hollandse Spreektaal_, van Melius de Villiers met 'n
aanhangsel van Ds. A.I. Steytler (1919), waarteen ook J.J. Smith in _Die
Huisgenoot_ op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek 't.[73]
VOETNOTAS:
[55] _Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging_, 2de druk, 1920.
[56] Sien _Die Huisgenoot_, Okt. 1921.
[57] _De Volkstem_, 30 Des. 1909. Vgl. _Die Huisgenoot_, Julie 1922, oor
opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke.
[58] Aug. 1903.
[59] Vgl. Dr. E.C. Pienaar: _Taal en Poësie van die Twede
Afr.-Taalbeweging_^2 p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die
brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14
_Julie_ 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste
gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie
perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans,
waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van
steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen
ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te
spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven." _De
Volkstem_, 19 April 1905.
[60] _De Volkstem_, 19 Junie 1907.
[61] _Dit is ons Ernst_, 13 Aug. 1908.
[62] _Dit is ons Ernst_, 13 Aug. 1908.
[63] Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering in _Die Brandwag_, 15
Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.
[64] _De Roeping der Kunst_, p. 5 en 25.
[65] In 'n artiekel: _Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)_
[66] Gesiteer in die _Algemeen Handelsblad_.
[67] Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekel _Stryd en
Taalstryd_, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.
[68] _Oom Gert Vertel^3_, p. XX.
[69] t.a.p., p. XXI.
[70] Tomlinson in _Die Brandwag_ Des. 1918.
[71] Vir verder besonderhede oor _Ons Moedertaal_ kan verwys word na Dr.
E.C. Pienaar: _Taal en Poësie_^2, p. 64-74.
[72] Herdruk in _Ons Weg deur die Wêreld_ (1919): _Afrikaans als
Voertaal_.
[73] Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se
verweer oorgedruk en as pamflet versprei.
HOOFSTUK III.
Prosa uit die Tydskrifte.[74]
§ 1.(a) De Goede Hoop (1903-1914).
Die oprigting van die tydskrif _De Goede Hoop_ in Julie 1903 deur Mev.
Koopmans-de Wet en "Onze Jan", "benevens andere der voorste Afrikaners
in de Kaapstad".[75] met Adv. J.H.H. de Waal, 'n erkende voorstander van
Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in
die geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier
van die Eerste Beweging, Ds. S.J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse
politiek van ná 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met
soveel opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste
spartelings van die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909
geduur, toe die tydskrif _Ons Taal_ dood gekwyn 't, maar veral om
politieke redes moes daar 'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die
ondersteuning van _De Goede Hoop_ deur "Onze Jan" was 'n voldoende
waarborg vir die eg-Afrikaanse rigting van die blad, en die redakteur
het van die staanspoor af vasgetrap vir Afrikaans. Deur sy verstandige
stadig-oor-die-klippers-taktiek[76] het hy veel gedoen om die ou
vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl sy kragtige
artiekels onder die _nom de plume Jan van Rozenburg_ 'n groot stoot aan
die nasionale beweging gegee het. _De Goede Hoop_ was dan ook veel meer
as 'n "eerste voorbode van die naderende renaissance", soos Dr. E.C.
Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). "Van Kaapstad begint
die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een van
die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle
voortrekkerswerk gedoen het.
Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging
besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit "op
sy kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E.C. Pienaar
doen, (Diss. p. 1) is stellig onjuis.[77]
_De Goede Hoop_ het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was
tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.[78] Dit het dan ook veral by
jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie
dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende
hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse
prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort,
luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar
ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reël.
Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die
volgende: "In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een
listige mededinger om de hand van de beminde ... Onverwachte
gebeurtenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig
tegen" (_G.H._ April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se
roman _Vergeet Nie_, en in nommer van Des. 1911 hoor ons van
"verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman".
Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy
bewondering vir _Johannes van Wyk_. By sy beoordeling het die betekenis
van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. "Ons volkstaal, ons
dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en
verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of
andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en
waardering." Vandag sal Malherbe seker nie meer van _Johannes van Wyk_
o.a. beweer nie: "Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en
gebeurtenisse in die oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole
die inwendige van sy persone."
(b). De Goede Hoop (1915-1921).
Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is
in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.[79] In sy
studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid
en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie
voortgeset; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom
van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropies, kerklik en
wetenskaplik gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van
die A.T.V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die
wysbegeerte aan die Stellenbosse Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van
sy werk is in Hollands, o.a. _Spoken_ en _Eerbied_. Die Afrikaanse
brosjure _Die Afrikaanse Nasie_ is al onder Polemiese Prosa bespreek.
Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se
redaksie nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans
in voorkom, word dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral
die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou.
Die voorstanders van Afrikaans verenig hul rondom _Ons Moedertaal_
(1914), later verenig met _Die Huisgenoot_ (1916) en _Die Brandwag_
(1910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee
kampe splits, invloed gehad 't op die groepering van lesers is
ontwyfelbaar. In hierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die
tydskrifte sou 'n nadere bespreking van die kwessie egter uit sy plek
wees.
Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige
Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf
Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke _Die Spraaksame
Ossewa_[80] in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die
menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van
die as, wat "'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa"
is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by
Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik
aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. "Die ossewa is al
oud en daar sit wysheid in sy jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese
vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek
vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur.
Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur
kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende:
"as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919).
Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry
blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen
uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word
aangegee, nl. die verhaal _Hansie Smal_, wat in een van die nommers van
die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee
Brümmer die verrassende uitspraak: "Poëzie moet vloeien, moet _zalvend_
zijn....[81] (Sept. 1916). Dit staan daar!
Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n
eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende "gedig" dien,
wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is:
Geagte Heer, die editeur,
Ek wil vir jou weer pla,
Want ek wil in die "Goede Hoop"
Vir jou 'n plekkie vra.
Ek wil ook iets vir jou instuur
Soos al jou vrindetal;
En daarom skryf ek nou vir jou
Oor "Lente in die Dal",
Op die manier kry die rymelaar "Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol!
(Sept. 1920.)
Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte
nie. Dit is van "'n weerspannige dogter", wat "met 'n treurige, bleek
gesiggie.... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir
Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in
'n ... klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy
beskeidenheid, "versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n
ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid.
'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy
beste werk in _Die Brandwag_ verskyn het, word dit daar bespreek.
Die letterkundige kritiek van _De Goede Hoop_ bestaan nog altyd uit kort
aankondiginge. "Dons maar op, alles sal reg kom!" word _Marius_
toegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in
_De Goede Hoop_ soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd
loop.
§ 2. Die Brandwag (1910-1922).
_Die Brandwag_ is opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W.M.R.
Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1
September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy in September
1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer totdat die
uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word.
Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: "Die
Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog
onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat
opgevul word deur "vreemde kaf, als _Home Notes_ en _Home Chat_ en _Home
Journal_, enz." Verder wil die tydskrif probeer om "leiding en koers te
geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar
streven ... 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot
maken." Met die uitvoering van die programma het die blad uitstekend
geslaag en dank sy die medewerking van feitlik alle skrywers en digters
van betekenis kon dit 'n hoë literêre peil bereik en tot die end toe
handhaaf. Dat die blad 'n faktor van groot betekenis in die kultuur- en
taalstryd was is ongetwyfeld, en die verdwyning daarvan moet as 'n ramp
beskou word. Daar is werk van blywende waarde in gepubliseer en deur
middel van die wedstryde het 'n hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem
van Bruggen, Léon Maré, E. de Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e.a.
bekend geword. In die kinder-afdeling het Mev. Iz. van Heerden naam
gemaak met haar voortreflike verhale, sodat "Tannie van Die Brandwag" 'n
geliefde naam by die kleinspan oor die hele land is.
Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns
ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse
kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns,
terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese
belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op
die publikasie van ou handskrifte: "Daar is al soveel in die laaste
oorlog verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog
te redde is." (15 Julie 1910.)
Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste
jaargang waarsku die opstelle-kommissie teen verhale met "awonture en
kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie
gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voorstelling van buitengewone
of gewone gebeurtenisse--met ware en rake tekening van karakters." (Des.
1910.) Die krietikus X verklaar: "Ons skrywers begin in te sien, dat die
krag en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting
van buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid
van skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van
karakter-uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is
nog iets anders as die "gemoedprikkelende verrassingen", waar _De Goede
Hoop_ na gesoek het!
Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek
al 'n gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot
wat G.S. P(reller) noem "onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysinge"
(15 Sept. 1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir
die besonder Afrikaanse kultuurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat
dit geen blywende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is
J.F.E. C(elliers) se beoordeling van _Stompies_ deur Adv. J.H.H. de
Waal. "Ons is bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander
land daarvan gesê mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't
vir ons S.A. goed is, en dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan
lees en aan dink en aan gebruik van sy eie taal te bring, alle lof
verdien. Die skrywer siet goed in dat romanties aangelegde verhaaltjies,
met 'n pikante sousie van awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor,
meer lesers sal trek dan iets wat bepaald op letterkunde aangelê is, op
karakter- en gevoelstudie van 'n fynere soort.... Nou die skrywer die
_groot_ publiek al by herhaling tevrede gestel het, spreek ons die hoop
uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien wat in diepgang, in
gevoel- en karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal wees in ons
wêrelddeel ..." (15 Jan. 1912.)
In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as
krietikus, en ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mens van een
wat self digter is, nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie.
Sonderling is b.v. die volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen
se bundel _Lente-Stemme_: "Om die soort van gediggies goed te maak, is
veel moeiliker dan om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese
bekwaamheid en seker veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle
spore van sukkel uit jou werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920).
Nadat hy die aanwesigheid van "ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê
hy: "Al wat makeer is die handskaaf en die sandpapier.... En laat die
digter dit vir 'n grondbeginsel eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte
rympie is handewerk van net soveel betekenis as inspirasie." Na
aanleiding van dié resensie het ek aangetoon, dat so 'n beginsel 'n
absolute miskenning van die wese van alle egte poësie is. (_Die
Brandwag_, Okt. 1920.)[82] Dit is bes moontlik, dat Marais met _skaaf_
en _handwerk_ iets anders bedoel as die gewone opvatting van dié woorde
in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu dateer. Hy
moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met
betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand.
Een van die trouste medewerkers was
Jan F.E. Celliers.[83]
As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees
verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. In _Die
Brandwag_ het onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat
prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei
historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke
munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat
dit dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste
daarvan is later herdruk in sy _Afrikaanse Leesboek_ (1920). Veel het hy
ook gedoen om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor
letterkunde te bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks
artiekels, getietel _Lewe en Lettere_ in _Die Burger_, 1921,[84] waarin
hy blyk gee van 'n gesonde kunsopvatting. In die stadium van
ontwikkeling, waarin ons volk tans verkeer, is so 'n causerie oor kuns
van groot waarde. 'n Verdienstelike omwerking van 'n roman van Henri
Bordeaux, _Bang vir die Lewe_, het ook van hom in _Die Brandwag_ verskyn
en is later opgeneem in Die Burger-leeskring (1919). _Colombo_ van
Prosper Mérimée het hy ook daarvoor vertaal (1920).
Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar
verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die
kleinste klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van
hom as digter mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n
jubelende ekstase: "O _laat_ my hier verlore raak, hier altyd bly, hier
sterwe as dit moet, want hier bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so
naby die Onsienlike as nêrens anders nie...." (_Die Brandwag_, Jan.
1917.) "Ons wil een word met die gaos van dartelende geluk en
ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die mallende, krullende
skuim, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde vrye roes van
uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In sy
uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in
verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. "Die see in
die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag--dronk,
mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself
oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis,
swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit
oor-soppend die rotsbanke se skulp-skurfte, swoep! opdoeffend teen
blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in
puntjies uitpyl en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning
omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in
rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in
altyd-durende dans van strydlustige durf en ongeduld." (id.)[85]
"Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende
kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik--met 'n stadig-lange swaai,
net of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande
of val in die rivier naas die skuit." (_Die Brandwag_, Jan. 1917.)
Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars!
Noem dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van
Querido-aanse oorlading--ook goed; maar hier is in elk geval 'n
ontroerde, wat soek na treffende segging en juiste klank.
Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur
nie; hy is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek,
telkens met 'n wondervraag stilstaan. "Pylsnel skiet 'n groot
naaldekoker soos 'n blou bliksemstraal deur die lug en is weg met een
van die stryders. En ek verwyder my, met die ewige vraag op my lippe,
hier as in die groot wêreld daarbuite: Waarom, God, waarom?" (_Leesboek_
p. 206.)
"Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die
vraag aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is
alles sommerso?" (id. p. 204.)
"Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees,
in elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur: _wat, waar is
die groot geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?"
(In die Kango-grotte. Die Brandwag_, April 1918.)
Mooi plastiese uitbeelding is daar ook in _Winter-môre-mark_: "Kaffers
wat werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die
broeksakke, elke voet eina-eina neergeset,--almal ewe stuurs.... 'n
Pikenien het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy
kaal pensie, en daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as
aan kleef." (_Leesboek_ p. 133.)
Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook
geskryf: _Sy tel nie mee nie_, en _Nie nodig nie_, in sy _Leesboek_ en
_Waarom Hy en nie Ek nie?_ in _Die Brandwag_ (15 Maart 1914). Hier is hy
ook die woord-arties, wat ons verras met fris beeldspraak. "Arme Gawie
verwag 'n bondgenoot en uitredder in oupa en begin dadelik: "Meneer, is
dit nou reg...." maar, wie sê, die ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n
maxim-sarsie van kort en klein gekapte skreeuerige woorde...." Onder sy
ander verhale munt die volgende uit: _Suster Greta_, (5 Aug. 1913); _'n
Ou Vlam_, (1 Mei 1912). _Vyf Minute_, (15 Junie 1913), is besonder goed
gestileer. Die goeie beginsels wat hy in _Die Huisgenoot_, (Aug. 1919)
aanbeveel, word hier toegepas--geen kakelbonte awonture nie--maar studie
van die mens.[86] Van sy hand is ook die reeks didaktiese _Briewe van
Bram_, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom.[87]
Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van
belang: _"Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens_,[88]
omdat dit ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy
strewe naar geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid.... In ons
land het 'n skrywer 'n besonder moeilike taak: hy staat voor die
moeilikheid dat die buite-bevolking ander leesstof nodig het as die
dorpsbevolking; en hy mag die buite-bevolking nie sommer aan hul lot
oorlaat nie, en sê, "ek bemoei my net met die dorpsmense", omdat die
Afrikaners te min in aantal is teenoor die inkomelinge van buite, omdat
elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die skaal is vir ons taal- en
volksbestaan. _Die nasionale skrywer moet as-ware elke Afrikaner uit
snuffel en soek om hom 'n skool te gee, 'n meester, 'n boek, wat hy kan
verstaan, wat hom voorlig en opvoed_.[89] Hier staan Celliers dus op
dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die se opvatting
sal die vraag nader bespreek word.[90] 'n Groot gedeelte van Celliers se
prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang om die
volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê
hy verder: "Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en
geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld.... Aan hom
moet ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking
kan deurstaan met die letterkundige voortbrengsels van die buiteland....
Die Afrikaanse kunstenaar moet dus _nie altyd_[91] uitsluitend aan die
beginner dink nie _en sy gevoel of siening in-toom nie_[91]--hy moet
daar dikwels die volle teuel aan gee en die allerbeste lewer wat hy kan,
want veral die opgevoede man moet vir ons taal en nasionale saak gewin
word ..." In sy poësie word die twede gedeelte van die program uitgewerk
en gelukkig het dit weinig gely onder sy didaktiese en patriotiese
geteoretiseer. As 'n =digter= ons kom vertel, dat hy _nie altyd_ ... _sy
gevoel of siening in-toom nie_, m.a.w. dat hy dit soms tòg doen om vir
die "beginner" bevatlik te wees, dan sou ons verwag dat dit met sy kuns
heeltemal misloop, hoe goed die bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is
dit by Jan Celliers nie die geval nie. Wat C.R. de Klerk van Vondel sê,
geld ook hier: "De beste schilders zijn niet zelden de onbeholpenste
stamelaars als ze hun eigen werk trachten te duiden in woorden."[92]
"Nut en stichting", "nuttigheid voor de scholieren en opluikende
jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan een Berecht van Vondel,
maar in sy beste werk, soos b.v. die _Lucifer_, vergeet hy totaal, dat
hy die mense wou "verbeter" en is hy veral 'n _soeker van skoonheid_.
Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die laaste tyd ook in sy
teoretiese beskouing 'n veel juister standpunt inneem. "Geniale
uitbeelding, plastiese voorstelling, dis die eintlike werk van die kuns,
die letterkunde. En die uitbeelding is hier alleen goed as dit,
daardeurheen, die gronde en dieptes laat sien, _sonder dat dit die
eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was om bepaald sedelik of
opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die onderwyser_. 'n Ware
kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese stemming of gevoel, wat
sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n bepaalde doel gehad het. As
die vrye uiting hom 'n rigting laat voorskrywe deur 'n sedelike of ander
doel, word persone en toestande vanself verdraai, pasklaar gemaak, om
aan die doel of strekking diensbaar te wees, en dan is so 'n werk, as
kunswerk, nie meer van die beste nie."[93]
* * * * *
Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie
se werk herhaaldelik bekroon is, is
Hettie Cillié.
Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na
Transvaal getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die
Hugenote-Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir
histories-romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en
sketse is in verskillende krante en tydskrifte gepubliseer.[94]
Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n
rol speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar
karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend
genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so
onpersoonlik is. _Twee Susters, (Die Brandwag_, 1 Maart 1913) en _'n
Ongeluk_, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename
toon vertel.
Emanuel H.F. de Roubaix.
Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte
verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby
Nieuwoudtville. Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste
lektuur was die Bybel, Katkisasieboek, _Ons Kleintji_ en _Ons Tydskrif_.
In 1898 kon hy op Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse "Step by
Step" begin. Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit.
In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in
Namakwaland. Veertien jaar was hy op Roggeland en vanaf 1922 is hy op
Paardekraal (Noord-Bokveld).
Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang
trektogte--dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks
los anekdotes, (_Op wag in Boesmanland_ b.v., (_Die Brandwag_, 1 Mei
1916), maar meestal 'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur,
en in eenvoudige, ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy
onderwerp, vertel hy die ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n
primitiewe beskawing, wat hy beskryf in onopgesmukte toneeltjies van
roerende eenvoudigheid. Treffend het hy die agterdog van die
Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede geteken in _In die Land van
Dr. Steenkamp_, (_Die Brandwag_, Julie 1920). In sy styl is daar af en
toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit vasgewortel in
die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder gelukkig. Daar
stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self. Onwaarskynlik klink
dit b.v. om 'n Namakwalandse "boggie van veertien jaar" te hoor praat
van "ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware skulderkentenis",
(_Die Brandwag_, 1 Des. 1917). Ook die outa in _Maar 'n ou Hotnot_ praat
'n opgepoetste, onware taal.
In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese
grieselighede. So teken hy in _Pietertjie en Johannetjie_ 'n verlore
seun, wat op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (_Die
Huisgenoot_, Junie 1920.)
Iz. van Heerden--(VAALSWAER).
Onder die jagstories, wat in _Die Brandwag_ verskyn het, verdien die
reeks _Herinneringe van 'n Jagter_ deur _Vaalswaer_ vermelding. Dit is
geen geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n
klein anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter,
wat onder die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met
'n paar trekkies mooi 'n stemming aandui. 'n Goeie voorbeeld daarvan
staan in die nommer van 1 Oktober 1916. _Vaalswaer_ is in 1870 in die
distrik Cradock gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saamgewerk in die
taalstryd, o.a. as sekretaris van die A.T.G. Met sy eggenote, _Tannie_,
woon hy nou op Potgietersrust.
* * * * *
_Die Brandwag_ bevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale,
waarvan o.a. die volgende kan genoem word: _'n Bestorming_ deur Nig
Mimmie (15 Mei 1911); _Oormag_ deur P. (Sept. 1921); _Boere op See_ deur
O.D. (Sept. 1921).
Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende
veral aandag: _Die Bymot_ deur Carl Jeppe (15 Des. 1910); _Sy Terugkoms_
deur Steph. Maré (1 Des. 1912); _Wraak_ deur J.F. Engelbrecht (15 Des.
1912); _'n Brief_ deur H. (1 Des. 1915); _Oom Hans_ (Sept. 1921). Van
sulke min of meer onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan
saamgestel word. As vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in
Afrikaans: _Die Niggies van die Kommandeur_ verskyn deur J.F. van Oordt
(1856-1918),'n skrywer, wat onder die naam _D'Arbez_ 'n hele reeks
Hoog-Hollandse romans gepubliseer het[95]. Van hom is ook die verhaal
_Die Wolwegat_, later opgeneem in die bundel _Losse Klippe_.
§ 3. Die Huisgenoot (1916-1921).
In Mei 1916 is _Die Huisgenoot opgerig_ onder redaksie van Prof. J.J.
Smith, as vertegenwoordiger van die Afrikaanse Taal-Vereniging en C.J.L.
Ruysch van Dugteren, van die Nasionale Pers. Met die blad is verenig die
A.T.V. orgaan, _Ons Moedertaal_, wat onder die oorlogsdruk moeilik kon
bestaan[96]. Na die dood van Ruysch van Dugteren in 1918 is Prof. Smith
alleen redakteur. Ofskoon Hollandse stukke natuurlik nog 'n enkele maal
opgeneem word, verskyn die blad sedert 1918 feitlik uitsluitend in
Afrikaans. Dit is ook die offisiële orgaan van die =A.T.V., A.C. V.V.,
O.V.V.= _Helpmekaar_ en _Werda_.
Die doel van _Die Huisgenoot_ word in die uitgawe van Julie 1917 só
aangedui: "_Die Huisgenoot_ is 'n tydskrif, wat tot doel het die
handhawing van ons taalregte en die bevordering van Afrikaans. Dit wil,
sonder die terrein van partypolitiek te betree, meewerk in die opbou van
ons nasionale lewe deur die aandag te vestig op alles wat goed is in die
geskiedenis, owerleweringe en ideale van Hollands Suid-Afrika." Heel
goed word die geaardheid van die blad deur die redakteur beskryf: "_Die
Huisgenoot_ het probeer om populêr te wees, sonder om juis die wetenskap
enige geweld aan te doen; en dit was altyd sy strewe om vir elke leser
in die Afrikaanse wêreld iets boeiends te verskaf. Deur
lewensbeskrywinge van groot Afrikaners, deur sketse uit ons dierewêreld,
deur stukke oor Suid-Afrikaanse kuns, deur verhale vir kinders en
grootmense, deur die bespreking van taalkwessies, deur wenke vir die
vrou, deur foto's, grappies en ander sake, het ons probeer om met die
smaak van al ons lesers enigsins rekening te hou. Ons het, met ander
woorde, 'n bont verskeidenheid nagestreef...." (Mei 1918). Met groot
sukses het die blad sy program uitgewerk. In die moeilike taak om
wetenskaplik en daarby ook populêr te wees, het die redaksie vry goed
geslaag. Voorlopig skyn die bestaan van 'n tydskrif nog daarvan af te
hang, want pas in 1922 het die pogings om 'n suiwer wetenskaplike en
kuns-blad te stig sukses gehad[97].
Deur 'n konsekwente, ofskoon krietiese toepassing van die
Akademie-reëls het _Die Huisgenoot_ veel gedoen om aan die verwarring op
spellinggebied 'n einde te maak en die afdeling _Taalvrae_ was seker een
van die nuttigste. Tog het die redaksie nooit uit die oog verloor nie,
dat daar naas die taal nog ander belangrike sake was. "We moeten een
volk zijn met eigen taal niet alleen, maar met eigen tradities, eigen
bouwkunst, eigen schilderkunst, eigen muziek, eigen levensopvatting."
(Feb. 1917.)--"'n Volk wat hom ten volle wens te ontwikkel en wat 'n
waardige plek onder die nasies van die wêreld wil beklee moet hom op
alle gebied(e) ontwikkel. Dit is nie genoeg dat ons vir ons taalregte
stry nie; en dit is ook nie genoeg om na politieke mag te strewe
nie...." (Julie 1919).--"Uit ekonomiese afhanklikheid spruit alte
dikwels kultuurslawerny...." (April 1919).
Daar is een geval waar die ywer vir die taal van letterkundige standpunt
minder gelukkig was. B. Spoelstra bring, "op 'n heel interessante
manier", seg die redakteur 'n versameling van ses-en-vyftig spreekwoorde
in 'n verhaaltjie byeen, (Jan. en Mei 1921) en ander lesers word
aangespoor om die spreekwoord-gimnastiek na te volg! Tot watter
verwarrende beeldspraak dit aanleiding gee, blyk al uit die eerste sin:
"Toe ons die ander dag _'n voëltjie gehoor fluit 't_, dat twee jong
mense _die huweliksbootjie wou instap_, en al taamlik gou _die
vierperdewa wou inspan_, het _menigeen sy tande geslyp_ vir die bruilof
en gehoop om weer 'n keer lekker _te gaan skoffel_." (Jan. 1921.)
Letterkundige kritiek beslaan 'n vername plaas in die blad en oor die
algemeen is dit op gesonde beginsels gebaseer. Dat die blad hom nie leen
tot onoordeelkundige ophemeling van minderwaardige of middelmatige werk
nie en by sy kritiek steeds 'n hoë peil handhaaf ten spyte van heelwat
teenstand is 'n verblydende teken.
Dit spreek egter vanself dat met ongeveer 'n vyftiental resensente dit
moeilik gaan om die eenheid op krieties gebied te handhaaf. So word
dieselfde stuk by 'n eerste en twede druk nogal heel verskillend
beoordeel. Dit is die geval met _Die Vrou van S.A._ (Nov. 1918 deur H.A.
Fagan, Feb. 1922 deur F.B.).
Veral in die begin van 1919 het 'n paar resensies van verskillende kante
teenspraak uitgelok en aanleiding gegee tot vrugbare polemiek.[98]
In Februarie 1919 wys J.J. S(mith) op die algemene gebrek aan tegniek:
"Ons wil (die) skrywers net daarop wys, dat hul ons letterkunde 'n groot
diens sal bewys as hul, voor hul aan die skrywe gaan, eers 'n bietjie
wil studeer en nadink oor die wette wat gedurende die eeue heen in hul
besondere kunsvak geformuleer is." In 1920 word dit nodig om aan die
talryke skryflustiges die volgende waarskuwing te gee: "Kyk, die
Afrikaanse Taalbeweging het darem nou 'n stadium bereik waarin ons nie
meer alles wat daar in druk verskyn as hemelval hoef te begroet nie"
(E.C. P(ienaar) Nov.). _Slypsteen_ ontlok aan M.T. die versugting: "Van
Lennep, Van Lennep en sy geesgenote--dat hulle tydperk hier in S.A.
verbygaan!" Daarby word gevoeg: _Slypsteen_ "weet oënskynlik nog niks
van die groot strome in die hele nuwe Europese letterkunde nie." (Julie
1921.)
Dat daar vir die Europese en meer spesiaal vir die Nederlandse
letterkunde so weinig, of glad geen plaas ingeruim word in _Die
Huisgenoot_ nie is 'n gebrek, waarop ek in die uitgawe van Desember 1920
gewys het. "Van die kunsafdeling in ons tydskrifte verwag ons veel meer.
Dit behoort ons op die hoogte te hou van kultuuruitinge en -strominge in
ander lande. Deur ons geografiese ligging loop ons groot gevaar om op
kunsgebied agterlik en geïsoleerd te bly. Ons land lê in 'n uithoek, en
die storme wat die gemoedere elders in heftige beroering bring, gly as
geruislose kabbeling om ons kuste heen, soms 'n paar verdwaalde
opdrifsels meevoerende. Vir ons tydskrifte meen ek is die tyd tans gekom
vir 'n breër behandeling van die literatuur, vir 'n intenser meelewe in
die literêre strominge van die wêreld, sonder welke dit onmoontlik is om
die literatuur van enige land te begryp. Deur vergelykende studie alleen
kom ons tot 'n besef van die groot eenheid, tot 'n begrip van die
menigvuldige aanknopingspunte tussen die nasionale en die internasionale
kultuur. Dit is onmoontlik om elke literatuur in 'n aparte hokkie te
hou. Ons moet in staat wees om 'n blik oor die gehele wetenskap te werp,
en op dié wyse alleen kan ons die onderlinge verband tussen die
verskillende dele en die grote geheel begryp."[99]
Tot die prosaskrywers, wat in _Die Huisgenoot_ gedebuteer het, behoort
A. du Biel, (_Getrou_ en 'n paar kort verhale) en A.A. Pienaar
(Sangiro). Die kort verhale, wat enigsins bo die middelmatige uitkom is
besonder skaars. Die meeste daarvan verraai 'n ongeoefende hand.
_Onsigbare Hande_ deur M. Linde (Maart 1920) en veral _Die Bosduiwenes_
deur J.W. (Des. 1920) verdien vermelding. Laasgenoemde is sonder enige
mooi-doenery, vol stemming en goed vertel. Ook die volgende bevat 'n
belofte: _Die Ou Bliktrommel_ (Aug. 1917) deur _Kleinjan_, J.R.L. van
Bruggen, die digter van _Lente-Stemme_, en _Vergeet-my-Nietjies_ deur
Rikie Postma (Des. 1921).
Van die digter, Dr. C. Louis Leipoldt het o.a. verskyn: _Wit Anjeliere_
(Nov. 1919) en _Die Transportryer se Storie_ (Okt. 1921). Hy laat graag
'n onopgeloste raaiseltjie aan die leser oor om tot nadenk te prikkel.
Dit is in ooreenstemming met sy kritiek oor Van Reenen se _Celestine_,
waar hy sê: "'n Ware kunstenaar fluister as hy by so 'n punt (waar jou
hare moet rys) kom: juis die sagte gefluister gee die indruk van
geheimsinnigheid, moedeloosheid, angs, gevaar, smart, vertwyfling."
(Nov. 1919.) Maar sy besgeslaagde verhaal het in _Die Brandwag_ verskyn
(1 Aug. 1914). Dis 'n digterlike sprokie van wondervolle teerheid: _Die
Weeskindjie, wat 'n moeder wou hê!_
Die griep-epidemie, die opstand in 1914 en die druk van die oorlog, dit
is oorsake, wat die getal "blyeyndende" verhale so klein maak in die
jare 1918 en 1919, en 'n besondere voorliefde vir die skildering van
treurige voorvalle in die hand werk. Die strekkings-verhale van
_Hermanus_ behoort tot die gebied van die traktaatjiesliteratuur. _As
Vader gaan Biljart speel_ kan dien as staaltjie, (Nov. 1921). 'n
Voorbeeld van valse romantiekerigheid gee N.H. Theunissen in sy verhaal:
_Tussen die Aand- en Môre-skemer_ (April 1920). Hy wil 'n digterlike
Voortrekkersdogter en haar dom-onnosele vryer uitbeeld. Dit sou moeilik
gaan om meer staaltjies van verknoeide viesie en onware tekening in 'n
kort verhaal bymekaar te bring. "Oor die lieflike gesiggie sprei daar 'n
tergende glimlag, ... en haar oë, _diep poele van geheimsinnigheid_,
verduister, en word _onleesbaar_." Die arme Jan kry les in digterlike
natuur-beskouing. "Kom en kyk hoe mooi lyk die groot bome, hoe hulle
hulde bring aan die sonsondergang." Die raadselagtige nooi word so
geteken: "Sy was die verpersoonliking van leed en van vreugde. Die groot
ruimtes was haar wêreld. Sy het geleef en gevoel vir alles om haar. Vir
haar _mede-wagenote_ was sy _onaantasbaar_. Hulle siele kon nie saamgaan
met haar langs die babbelende strome, na die _soemende_ bosse op 'n
blosende môre nie." As Jan haar in sy arme neem is daar in haar "geen
antwoordende vuur nie". Gelukkig, want in die dae was daar nog geen
brandweer nie! Maar nou kry Jan weer les in sielkunde: "Die bloed wat
deur my stroom, het die are van die wêreld gegee; die hart wat in my
klop, is die kloppende hart van die see. Sien jy, Jan, ek kan ook
rym!... Van uit die diepe aarde, van uit die waters het my liggaam
gekom; en my liggaam is 'n _hok_ (sic!) van drome" ... Sy dowwe verstand
kon haar woorde nie volg nie. Die beeldspraak was buite die enge kring
van sy gedagtes." Ook ons slaan dit totaal dronk! Maar die domme Jan
ondergaan 'n gedaanteverwisseling. "Sy ontvang sy lippe sonder weerstand
... Hy trek hom weg en kyk na haar oë. 'n Straal van kennis, 'n
profeteviesie het hom ingevloei". Soe! maar dis darem vir jou 'n nooi!
In die aand het "die stergegordelde nag haar omhels" en na die Soeloes
se aanval "sluit hulle hul lippe in wederkerige, ewigdurende liefde,
terwyl die bloed hulle monde oorstelp. Al die vlekke op die gesigte van
die dode word deur 'n engelehand uitgewis. Die man se gesig word kalm,
oorsprei met 'n waas van alomkennis ..."--"Geef ons natuur en waarheid
weer" mag ons wel uitroep! Gelukkig is dit op ander plekke in die blad
wel aanwesig.
§4. Ander Tydskrifte.
In _Die Boerevrou_, 'n damesblad, opgerig in Maart 1919 onder redaksie
van Mevrou K. Malherbe het 'n paar mooi verhale van Adv. Eugène, N.
Marais verskyn, o.a.: _Die Brief van Nooitgedag_ (Des. 1919)[100]. Ook
F. v.d. Heever,[101] van wie in 1919 'n bundel gedigte uitgegee is, het
'n paar veelbelowende sketse geskryf, waaronder: _Werkstaking by die
Kleigat_ (Mei 1922) uitmunt deur plastiese tekening.
Sedert Maart 1920 het 'n orgaan van die Afrikaanse Studentebond as
byvoegsel van _Die Brandwag_ verskyn onder die naam _Die Banier_. Die
inhoud was meestal van wetenskaplike aard en word hier dus nie nader
bespreek nie.
In Junie 1922 het onder redaksie van Dr. D.F. Malherbe verskyn die
_Tydskrif vir Wetenskap en Kuns_. In die voorwoord word gesê: "Ons (wil)
met hierdie Tydskrif 'n gees van ernstige studie help aankweek,
geleentheid bied vir elkeen wat oorspronklike beskouinge het of nuwe
resultate of nuwe materiaal om te publiseer.... Laat die Tydskrif dan 'n
middel wees om Afrikaans betekenis te verleen in die wetenskaplike
wêreld, om te ontplooi die rykdom van sy vormende krag, sy vermoë om die
nuwe woord te skep wat met raak seggingskrag verras, om te openbaar sy
suiwerheid en helder eenvoud, om te getuig van sy mondigheid en
bruikbaarheid op elke gebied van die geestelike lewe, om deur sy
veelsydigheid van uiting ons volkskultuur tot skoner bloei te bevorder."
Die blad wil ook gee "kunskritiek wat kan oprys uit die vlakteveld van
dorre eensydigheid tot 'n hoër plan met wyer uitsigte." Die oprigting
van so 'n tydskrif is 'n bewys van die gestadige ontwikkeling en
ernstige strewe van die Twede Beweging.
VOETNOTAS:
[74] Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van
skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie
behandel nie.
[75] _Goede Hoop_, Julie 1903.
[76] In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het
teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de
bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons
maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjure _Laat
't ons toch Ernst wezen_ sê hy: "Wij willen (Preller) in alle
vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De
invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk
geschieden" (Sept. 1905).
[77] Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan
in _Die Burger_, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J.
Smith het in _Die Huisgenoot_, Sept. en Okt. 1921, 'n helder
uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die
geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie
gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal
juis.
[78] Vgl. die eerste no., Julie 1903.
[79] Die lewensskets is aan _Die Brandwag_, Des. 1918 ontleen.
[80] 'n Paar daarvan het eers in _Ons Moedertaal_ gestaan.
[81] Ek kursiveer.
[82] In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n
paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of
badende digters--grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas
is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk
nie". Voorwoord, _Die Vlakte_, (1920) p. 7.
[83] Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209.
[84] Vanaf Feb. 1922 voortgeset in _Die Huisgenoot_.
[85] Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook
gewys, 2de druk, p. 228.
[86] Vgl. p. 21 vlg.
[87] Een daarvan is opgeneem in die _Leesboek_, p. 185.
[88] Kursivering van die skrywer.
[89] Ek kursiveer. _Die Brandwag_, Julie 1917.
[90] Sien Hoofstuk VII.
[91] Ek kursiveer. _Die Brandwag_, Julie 1917
[92] _Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen_, p. XI.
[93] _Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot_, Jan. 1922. Ek kursiveer.
Vgl. egter _Reg bo Reg_ (1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou
... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook te verdedig."
(Voorwoord).
[94] Lewensskets aan _Die Brandwag_, Des. 1918 ontleen.
[95] Vgl. _Z.A. Prozabundel_: Hoekstra--Viljoen, p. 102.
[96] Op die betekenis van _Ons Moedertaal_ is in Hoofstuk II al gewys.
[97] Vgl. § 4.
[98] Vgl. die nommers van Feb. en April.
[99] Uit 'n artiekel: _Oor Letterkundige Kritiek_. t.a.p.
[100] Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in die
_Almal-se-Boeke-_Serie verskyn onder die tietel _Margriet van
Laastelust_, (1922).
[101] Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig
in Windhoek.
HOOFSTUK IV.
G.R. von Wielligh.
"Die Laaste Stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners".
Die stamvader van die Von Wielligh-geslag was offisier in die
Oos-Indiese Kompanjie. Gideon Retief is op 1 April 1859 gebore in die
Pêrelse distrik. "Van sy sewende jaar af moes hy ploeglei, vee-oppas, op
die oesland hopies maak en meer dergelike werkies wat vir 'n plaaskind
nie ongewoon is nie."[102] Deur borgstaan het sy vader alles verloor en
so moes Gideon self sy studie bekostig. Op sy elfde jaar het hy sy vader
vergesel op 'n handelstog na Boesmanland. Toe hy by sy terugkeer op die
Pêrelse Gimnasium kom, het hy net soveel Engels as Jakob Platjie geken,
maar binne vyf jaar was hy al landmeter. Deur sy beroep het hy groot
streke van Suid-Afrika goed leer ken. Op vyf-en-twintig-jarige leeftyd
is hy benoem tot Landmeter-Generaal van Transvaal.
In 1903 het hom 'n ongeluk oorkom, wat byna tot volslae blindheid gelei
't. Hy het na Delagoabaai gegaan om die astronomiese instrumente van die
Transvaalse regering te haal. By dié geleentheid is op 'n karnaval kalk
in sy oë gegooi. Mediese behandeling het sy toestand sover verbeter "dat
hy nou in sy regteroog 'n kwart natuurlike gesig teruggekry het. Hy lees
met 'n sterk bril en 'n dubbelde vergrootglas--sy neus byna op die
papier, en dan sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk."
"Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk
geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge
soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie."
Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf in _Die Patriot_, maar toe die blad
'n onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek
(1891). Later was hy weer medewerker vir _Ons Kleintji_, waarin die
eerste paar hoofstukke van _Jakob Platjie_ verskyn het. Ook aan die blad
_Ons Taal_ het hy bydraes gestuur.
In 1907 het sy eerste _Dierestories_ verskyn, vier dele waarvan tussen
1917 en 1922 uitgegee is. Verder: _Jakob Platjie_ (1918); _Eerste
Skrywers_ (1918); _Boesmanstories_ I-IV (1919-1921); _Staan jou Man_
(1920); _Robinson Crusoë_ (1920), _Huis en Veld_ in 1921 gepubliseer,
maar reeds in 1916 geskryf; _Nimrod Seeling_ (1921); _Ghwennie Barnveld_
(1922). 'n Groot aantal stories en artiekels het in die tydskrifte
verskyn, o.a. _Ons Geselstaal_ in _Die Huisgenoot_ (1921-'22), terwyl
nog 'n paar werke in die pers is.
Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste
Beweging, wat ook aktief opgetree het in die twede. In _Eerste
Skrywers_ (1918) skets hy die ontstaan en werk van _Die Genootskap van
Regte Afrikaners_, en verdedig die opvattings van die genootskap
teenoor verskillende aanklagte van die Twede Beweging. Hy deel
allerlei feite mee wat van groot belang is vir die geskiedskrywer van
die Patriotbeweging, polemiseer teen die spelling en organisasie van
die Twede Beweging en gee talryke taalkundige beskouings, wat getuig
van 'n uitgebreide kennis van die volkstaal, maar wat soms minder juis
is deur sy gebrek aan wetenskaplike insig in taalverskynsele. Reeds
vanaf 1877 het Von Wielligh "alle egte en suiwere Afrikaanse woorde,
uitdrukkings, sinswendinge, ens." opgeteken, maar sy werk het in die
Anglo-Boere-oorlog in die hande van die vyand geraak.[103] Sy
uitgebreide studie oor _Ons Geselstaal_ in _Die Huisgenoot_ (1921-22)
getuig van 'n onverfloude belangstelling in die ontwikkeling en
dialektiese verskynsels van die volksspraak. Hy is 'n voorstander van
purisme. Woorde soos "energie, soliditeit, affiliasie, alternatief"
noem hy _taalkriekies_, "wat ons mense op die platteland--en ook baie
dorpelinge--hoor sing, maar hulle weet nie waar die goedjies presies
sit nie."[104] Hy waarsku veral teen die gebruik van Neerlandse
uitdrukkings "deur skrywers wat in Hollands en in Holland gestudeer
het."[105] Eienaardig is dan ook die poging wat hy doen om Hollandse
en vreemde uitdrukkings "nae 's landts gheleghenheyt" te verafrikaans.
Woordevloed word "'n waterval van woorde" (_Eerste Skr._, p. 9);
wierookvat, "wierooktessie" (p. 59); 't onderspit delven, "die
onderspit byt" (_Huis en Veld_, p. 31); wittebroodsdagen,
"soetebroodsdae" (p. 32); clairvoyance, "heldersienery" (t.a.p., p.
177); propaganda, "voortplantingplanne" (_Die Brandwag_, Feb. 1918).
Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns.
Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om "die grote gros te bereik,
wat letterkundig honger en dors ly".[106] "Die ou Genootskap het vir
leesstof vir die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir
lektuur vir ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is "Ons mik
hoog".[107] In die voorwoord van _Huis en Veld_ verklaar hy: "Nog
vashoudende aan die ywer om ons mense meer en meer te laat lees, het ons
vir ons meer deur die populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om
ons aan praalgeskrif te bind, want ons volk hou min van geskrifte,
volgeprop met dromery, maar verlang wel om verhale met korte bewoordinge
in sy (_lees hul_) ware kleure afgeskilder te sien. So het ons die wenk
gevolg van "praat gou want ek woon ver"." Von Wielligh staan dus nog
heeltemal op die Ou _Patriot_-standpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875
groot dinge gebeur 't, dat die Twede Beweging die taalstryd gewin 't,
juis omdat die _intellektuele gedeelte_ van die bevolking die voortou
geneem 't en nie tevrede was alleen met rympies en grappies nie. Vandag
mag nie iedereen meer rympies maak nie "van Generaal Smuts af tot die
veewagtertjie in die veld", en hom dan verbeel dat hy ons letterkunde
help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie weg, dat in die periode vóór
1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied nuttige werk gedoen 't, dat
hulle die land geskoffel het waarop ons vandag ploeg en saai. Maar vir
my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al vóór die
Anglo-Boere-oorlog kon gewin gewees het nie, as die leiers van die
Eerste Beweging hoër gemik 't.
Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na
skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig
terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging
soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit
dikwels op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na
iets hoërs en skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n
oorspronklik warme aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn.[108] As Von
Wielligh hom geroepe voel om vir die "minder bevoorregtes" te skrywe,
dan doen hy seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig
om "hoog te mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die
vuurmaakplek van sy lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy
in _Huis en Veld_ en elders maar al te dikwels doen, dan leer hy hul
miskien wel hul eie taal lees, maar dan is daar geen sprake van
kulturele opheffing nie. En dit is tog sy doel, want hy verklaar sy
standpunt as volg: "Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk
onder die ander volke te laat uitblink; maar die Volksskrywer saai die
sade, wat voedsel vir sy eie Volk lewer."[109]
Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns
druk hy so uit: "Kuns is skoon, kuns is verhewe, kuns is edel en
bo-aards; _maar dit neem 'n kunstenaar om kunsstukke te waardeer_. En
dis daarom dat die grootste gros net baie van 'n goeie "rympie" dink(,)
want dit klink in hulle ore nes die Walse van Strauss en nie nes die
Sonatas van Beethoven nie."[110] Die gekursiveerde stelling is vals.
Tussen die kunstenaar en leser moet daar natuurlik 'n seker mate van
geestelike affiniteit bestaan, voordat daar sprake kan wees van
kunsgenot. Maar terwyl die kunstenaar, gedrewe deur 'n aangebore
skeppingsdrang die diepste aard van 'n wese of ding peil en dit dan tot
skoonheid herskep, hoef die kunsgenieter alleen 'n normale mens te wees
met 'n klein bietjie aanvoelings-vermoë. Die kunstenaar dring deur tot
die kern, verwyder daarvan al wat bykomstig is en bied ons dit aan in sy
suiwerste skoonheidsessensie. Hy doen die werk, ons moet alleen die
vreugde, wat hy by sy skeppingsdaad ondervind het, kan navoel en
hervoel. Von Wielligh speel dus maar 'n eenvoudige deuntjie op die
konsertiena of "ramkie", omdat hy meen dat daar tog so weinig mense is
wat iets beters kan geniet.
Vir sy opvatting van die ontstaan van kuns is die volgende sitaat ook
van belang: "Daar was baie briewe en gedigte uit alle oorde van die
land.... (vir _Die Patriot_.) Baie minderwaardige stukke werd ook
geplaas om skryflus aan te wakker. Diegene wat beter kon doen, het nie
stil bly sit nie, en die wat swak was, het bygeleer. _Want as iemand
iets herhaaldelik aanpak, leer hy vanself om die volgende keer dit beter
te doen. En so werd die wieg vir aanstaande skrywers gereed
gemaak."_[111] Hier staan Von Wielligh dus nog op die agtiende-eeuse
standpunt: "Kunst wordt door arbeid verkregen". Sy werk dra nog
heeltemal die stempel van die _Patriot-periode_, en die ideale, wat hy
na streef is die van 'n verbygegane geslag. Hy staan met sy gesig
agterwaarts gekeerd en is "'n laaste stem uit die Genootskap van Regte
Afrikaners".
Jakob Platjie.
In _Jakob Platjie_ gee hy "egte karaktersketse uit die volkslewe van
Hotnots, Korannas en Boesmans".[112] Platjie woon met sy ouers, "twee
opregte peperkorreltjie Hotnots" by die Drakensteinberg. As hulle op die
end van die maand hul loon ontvang, peil hul kantien toe. Iedries en
Sina, Platjie se ouers raak in die tronk en hyself verdwaal op weg plaas
toe en loop Koos Fonk, 'n smous raak, wat hom saam neem op 'n handelstog
na Boesmanland, ens. Dan word die verhaal 'n aaneenskakeling van los
anekdotes; Hotnotsfeeste word beskryf, Koos vier sy verjaarsdag en
agtervolg Boesmans, wat sy beeste gesteel 't, terwyl saans om die
wagvuurtjie allerlei Hotnotstiepes hul stories aan die nuuskierige
Platjie vertel. Koos Fonk trek ook na Griekwaland, waar ons Kleopas
Kipie hoor preek en twee kapteins sien oorlogmaak.
Platjie keer na sy ouers terug, trek met hulle na Stellenbosch en kom na
hul dood op die sendingstasie Genadendal. Daar maak hy kennis met Dr.
Kleiner, wat uit Europa gekom 't vir etnologiese studie en vergesel hom
op sy togte as tolk. Platjie raak net hooggeleerd, word kristen, vertel
wolf-en-jakkalsstories aan sy kinders en sterf.
* * * * *
In die voorrede verklaar Von Wielligh: "Wat die taal betref, wat ons in
die mond van die sprekers geleg het, mag ons in die rede geval worde
deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die
onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings
in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle
hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het
ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons
die lesers sou hinder." Uit 'n kunsoogpunt bederf hierdie besluit die
hele boek, want dit beteken 'n opsetlike vervalsing van die dialoog. Dit
was Von Wielligh se plig as kunstenaar om 'n Hotnot soos 'n Hotnot te
laat praat en ofskoon sy standpunt verdedigbaar was in die dae van die
Eerste Beweging, toe "Patterjots" sinoniem was met plat taal en die
getroue weergawe daarvan die taalsaak sou benadeel het, kon daar geen
rede bestaan om in 1918 nog so 'n apologie te maak nie.[113] Ek gee 'n
paar staaltjies van die kunsmatig vervalste dialoog: Sina praat van
konstabels "wat net _daarop uit_ is om _hulpelose_ mense die tronk in te
prop" (p. 5); Iedries vertel: "Boems! Daar val 'n kanon_skot_ op see in
Tafelbaai--_die egó bulder_ van klofie tot klofie...." (p. 14), "So 'n
_toestand van sake_ kon nie lank aanhou nie. Daar moes _'n toenadering
plaas vinde_" (p. 16); die ou toordokter sê vir Toel: "... maar jy is my
regterhand en _die voorwerp van my ongeveinsde vrindskap_", (p. 62); ou
Bleskop, 'n Koranna veewagter, vertel van die waterslang: "die water
maak agter hom sulke wit _kabbelings_ en hy klowe die water _soos 'n
skip_" (p. 98); Platjie sê: "die baas het hom _in vrindelikheid_ vanmôre
gestewel en gespoor" (p. 132); Samuël praat van kieries wat "begin _te
kletter_" (p. 77).
Gelukkig staan naas sulke papiertaal baie dialoge, wat bewys, dat Von
Wielligh die Hotnotsspraak goed beheers en hul mentaliteit deur-en-deur
ken. En dis 'n kennis wat berus op 'n intieme aanraking met die
inboorlinge. Hy het hul bespied in al hul gewoontes en gebruike. Veral
die tekening van die parmantige Tys Bokkies is goed geslaag. Die
grootste gedeelte van die Griekwapreek is ook 'n bewys, dat hy hom
heeltemal ingeleef het in die psiege van die mense wat hy uitbeeld. Hy
slaag daar uitstekend in om die naïewe taal en beeldspraak, die
primitiewe gedagtegang weer te gee. Ook van die eienaardige humor van
die inboorlinge het hy gelukkige staaltjies gegee. By die beskrywing van
sulke toneeltjies is hy op sy beste, en ofskoon daar groot foute in die
komposiesie is, bly dit tog altyd nog 'n verdienstelike werk deur die
raak tiepering van enkele figure. _Die sentrale fout is, dat die mense
daar is ter wille van die taal en nie die taal ter wille van die mense
nie_. Von Wielligh het sy taal hartstogtelik lief. Jare lank is "pittige
taal" sy spesialiteit gewees. Reeds in 1881 het hy die burgemeester van
Utrecht (Holland) met sy "naieve uitdrukkingen" dronkgeslaan.[114] En
nou het hy in _Jakob Platjie_ probeer om sy moeisaam opgegaarde taalskat
te verwerk. Mens kry soms die indruk asof sekere anekdotes opsetlik
bedenk en ingelas is om 'n treffende uitdrukking of komieke
woordverdraaiing te kan gebruik.
_Jakob Platjie_ is 'n etnologiese museum, vol opgestopte Hotnots,
Korannas en Boesmans. Hulle is kunstig opgestel te midde van 'n
nagebootste omgewing. Daar is 'n klipspelonk met mooi tekeninge, 'n
Boesman wat staan uintjies uitgrawe met sy harde kierie, en 'n paar
ander wat wild bekruip. Verder lê daar egte Boesmanspyle, ramkies, ens.
Die ou wildvelle wat die Hotnotpondokkie bedek, is effens opsygeslaan,
sodat ons 'n goeie idee van die konstruksie kan kry. Von Wielligh loop
tussen die opgestopte poppe rond, vertel allerlei anekdotes, verklaar
hul lewenswyse en die gebruik van die primitiewe gereedskappe. En in sy
hande dra hy 'n besonder oulike Hotnotpoppie, wat hy Platjie noem en wat
hy soos 'n geoefende buikspreker allerlei vrae laat stel, as die
museumbesoekers al bietjie dooierig word van die muwwe lug. "Tata en
memme, waar lê tog die danige geboorteland van julle?" (p. 6); "Toel,
waar lê jou geboorteland?" (p. 58); "Oom Bles, waar lê daardie land van
jou?" (p. 95); "Oom Ruiter, wat moes 'n mens eintlik maak as hy skielik
in die veld teen wilde Boesmans dam?" (p. 188), ens. En dan begin Von
Wielligh, as museumdirekteur weer te vertel van die ou dae se volk,
terwyl Ruiter, Toel, Oom Bles en Tys Bokkies by ons staan met hul stywe
gesigte en beweginglose lede. Telkens verseker hy ons, dat alles werklik
waar is: "Die verhaal lyk baie romanties, maar is eg Hottentots in al sy
besonderhede." (p. 58); "Hier volg nou 'n diskoers wat ons so dikwels
onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel." (p. 95.)[115] Soms
raak die direkteur so erg boos op sy poppe, dat hy hulle reguit
toespreek en dan gelyk sy beeldspraak erg veel op die van 'n Griekwa
predikant soos Kleopas Kipie "O skynheilige mensdom, wat sy medemens
oordeel. As die helder soeklig op almal gedraai word, hoeveel
blikskottels en blikborde sal van die rakke tussen die silwergoed moet
pad gee. En hoeveel sal bly staan, wat as egte sterling silwer verklaar
word!" (p. 51.) Maar as Von Wielligh regtig ernstig word, dan draai hy
sy rug op die poppe, gooi vir Platjie ook weg en trakteer sy besoekers
op 'n lang etnologiese verhandeling. (Hoofstuk X.)[116] As 'n mens ook
so oorloop van kennis is dit erg lastig om nog altyd eers iemand 'n
sopie te moet injaag voor sy tong loskom! Of om iemand van Europa te
laat oorkom soos Dr. Kleiner....
Ons moet dit op prys stel dat Von Wielligh sy ervarings onder die
inboorlinge te boek stel. Maar dit is erg jammer, dat hy nie ingesien
het, dat hy sy eie kuns vermoor deur kort-kort allerhande didaktiese
byvoegsels en onnatuurlike dialoog daarin te wring, in plaas van sy
uitgebeelde persone, _soos die lewe self is_ deur hul eie natuurlike
geaardheid en as gevolg van die omstandighede van hul bestaan _vanself_
een of ander mening te laat bewys of suggereer. Hy is verplig om soos 'n
museumgids by sy eie werk lang toesprake te hou, waarskynlik omdat hy
gevoel het, dat die werk self nie sprékend leef nie.
Platjie is, soos reeds aangedui, niks anders as die pomp, wat Von
Wielligh gebruik om die water bo die aarde te kry. Ook in sy droom bly
hy nuuskierig. "Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne
aandag" (p. 224). As Platjie moeg word vir die pompery, dan kom Koos
Fonk help en later Dr. Kleiner. Maar die droom van Platjie is tog nog
die wonderlikste ding in die boek! Dis nie sommer vandag se Hotnot, wat
só kan droom nie! Platjie hoor 'n koningin sê: "Sien jul daardie
berge--ver en naby? Sien jul die klowe met hul trippelende en murmelende
kristal strome? Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die
skoenlapper en die by met nektar versadig? Sien jul die hemelpurper,
waarheen wolkies van vlas deur die son met goud geverf word?" (p. 224.)
As Von Wielligh dan so veel belang stel in die goudmyn van Ofir--'n
onderwerp, wat ook die leier van die Patriotbeweging in 'n roman bewerk
het--laat hom dan in 'n wetenskaplike blad sy opienie lug. Maar hy hoef
ons nie te kom wysmaak, dat 'n Hotnot, al is hy ook so danig geleerd
soos Platjie, só kan droom nie. Dit is 'n psigologiese onjuistheid, so
onbeskaamd-astrant, dat dit selfs die onnoselste "minder bevoorregte"
moet opval.
Huis en Veld.
Willie Rosveld is vyf jaar op jag gewees, neem sy vader se
produktebesigheid oor en trou met Hessie Bendel. Sy vrinde is Frans le
Blanc, 'n ongetroude slagter, en Dolf Baumann, 'n rytuigverhuurder en
groenteboer. Die famielies gee 'n piekniek, vier nuwejaar en gaan saam
strand toe. Dan trek hul na die diamantvelde. Ewert, Dolf se oudste
seun, gaan saam met 'n trek na die Dorsland. Frans word intussen
voorsien van "'n altyd laggende Amalie" (p. 146), 'n weduwee met 'n
groot veeplaas in Transvaal, wat hom trou "omdat sy (hom) van sy jeug af
ken ..." en omdat hy "as slagter, so grondig met veeboerdery bekend was"
(p. 147). As die goudvelde in Transvaal ontdek word, dan trek Willie en
Dolf weer soontoe. Hulle word ryk, kuier rond, besoek Pretoria, waar hul
met Oom Paul en Genl. Joubert gesels, maar word op hul ou dag van mekaar
geskei.
* * * * *
_Huis en Veld_ is 'n poging om die maatskaplike en ekonomiese toestande
omstreeks 1870 te skets. In plaas van _memoires_ te skryf, probeer Von
Wielligh om die mense van 'n halwe eeu gelede self op die toneel te
voer, wat hom egter jammerlik misluk. Hy piets hul met 'n swepie deur al
die vier provinsies rond, sodat hy 'n kans kan kry om van die ou dae te
vertel. Dolf het gelukkig 'n seun, wat Dorsland toe kan trek, maar ons
voel nie, dat dit Ewert is wat al die ellende deurmaak nie. Dis
eenvoudig Von Wielligh, wat 'n opstelletjie skryf. Hy laat Willie trou
"nie om 'n liefdesverhaal in te voer nie, _maar wel om die gebruik, of
gewoonte, van daardie tyd aan te gee_" (p. 30). So gaan dit die hele
boek deur. Hy vertel, o so veel van die uiterlike omstandighede en van
die swerftogte van sy mense. Ons hoor wat die koring gekos 't, waarvan
hul brood maak, ons weet hoe hul 'n kers snuit, dat hulle "in daardie
tyd net so goed tandpyn gekry (het) as nou" (p. 22)--maar die mense self
ontmoet ons nooit. Hulle is nie eers aangeklede poppe in 'n museum van
oudhede nie, hulle is bloot _name_.
Met 'n klein wysiging kan ons Von Wielligh sy eie woorde toeroep: _"Die
huis moenie 'n preekstoel wees nie en die veld nie 'n voorlesingsaal
nie."_ (p. 88.) Dit is juis wat hy doen. Luister maar na hierdie
ouderwetse preek: "Jare is die vasgeklinkte skakels van 'n eindlose
ketting, en snoer aan mekaar tot in ewigheid; ons persoonlikheid is maar
as druppeltjie daaraan, om spoedig te verdamp en sy plek ken hom nie
meer nie ... Dis die laaste dag van die jaar; maar nie die einde van tyd
nie--(sou die "minder bevoorregtes" dit miskien nie weet nie?
P.C.S.)--tussen die begin en einde van oneindig ewigheid is geen middel
nie. (Q.E.D.!) Net soos die grootste hemelliggaam 'n stoffie in die
oneindige ruimte is, net so is eeue 'n oogwenk in die ongebroke snoer
van tyd," (p. 48-49.)[117] Op p. 32-33 word ons in egte traktaatjiesstyl
vertel hoe iemand "diep onder die grond in 'n dronkaardsgraf" geraak
het.
Dat daar 'n geestelike verwantskap tussen Von Wielligh en Kleopas Kipie,
die Griekwa-predikant bestaan, bewys die volgende: "Net so onsierlik as
'n blomtuin sonder blomme, so nutteloos as 'n horlosie sonder wysters,
of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal
die samelewing op aarde sonder vrouens wees. Daarom, groot is jou mag, o
vrou, sien toe dat jy dit op die regte tyd, en op die regte wyse
gebruik. Maar nie om berge te wil versit, of te uithaler te wees in 'n
kamer waar rotte komedie speel nie ..." (p. 121).
Die selfde Oom Ignaas, wat beweer dat die huis geen preekstoel moet
wees nie, sit ewe getroos twee paginas vol te preek oor huweliksgeluk
(p. 87-88), en sy vrou klop hom nog, want sy het byna drie blaaie nodig
voor sy uitgepraat is, (84-86). Op p. 79 preek Oom Ignaas weer oor
weeskinders en so sou daar nog meer voorbeelde aan te wys wees, wat net
danig "met slaapstof gespesery" is.[118]
Die dialoog is meestal onnatuurlik. Soos 'n egte boekeheld sug Willie:
"Ag mag ek die onsterflike glimlag nog eens op moeder se lippe sien, of
die welgemeende raad van vader aanhoor!" (p. 4.) En watter Boermoeder
sou so praat: "Willie, ons is bly dat jy die veld deurreis het, _waar
alles deur die Natuur self geplant is_...." (p. 9). En Frans, die
slagter, die man wat sê: "Liefde is eiebelang en selfvermaak" (p. 148),
slaan ook 'n snaakse taaltjie uit by die Duiwels-Kantoor: "Waar is die
skilder wat die landskap op seildoek kan weergee! Waar is die digter om
die grillerige aanblik in woorde te beskrywe!" ens. (p. 157).
Ou Kammies, wat so dapper met die doringstomp spook is goed geteken. As
hy praat dan luister ons graag, want sy taal is nie net 'n aftreksel van
Von Wielligh s'n nie. "Maar seur,--nou?--nou kraak my ou litte van
kanniemeernie en ek kan nie eers meer daardie klip raak spuug nie" (p.
47). Een so 'n sinnetjie laat ons direk voel dat ons met 'n _mens_ te
doen het. Hoe raak is ook die toneeltjie waar Kammies met die
piekniekwaens aankom: "Wel, hoe het dit gegaan, outa Kammies?" vra
Willie. "Nee, goed seurtjie. Net jammer die wiele van die wa het van
droogte begin skree," antwoord die ou wynvlieg. "En die swaarste van al
was, outa, dat die smeergoed al die tyd op die waentjie lê," las Dolf
tussen in. "Dis by my kool die waarheid, seur Dolf! Toe het ek maar soos
bobbejaan gemaak--ander pad sit kyk." (p. 41.)
Waarom sleep Von Wielligh kinders in sy verhaal as hy hulle net heeldag
toesnou: Moenie dit nie en moenie dat nie! nes 'n kwaai oupa wat hoofpyn
het? As die arm goedjies iets wil doen, dan moet hul altyd hoor: "Nee,
volstrek nie, die muile sal jul skop" (p. 57), "die slange sal jul byt"
(p. 44) en so word hul nog vyf keer iets verbied, (p. 42, 50, 56, 57
voorlaaste paragraaf, en 67.)[119]
Wat hy in _Staan jou Man_ verklaar, is maar al te waar van homself: "...
ons wat groot en oud geword het, het magtig baie vergeet wat in die
kindersiel woon." (p. 147.) Anders sou hy die twaalfjarige Ester nie so
'n ou-menstaaltjie laat praat nie: "Kom ek om, dan kom ek om.... Sit ons
stil tuis, dan is ons tog kinders van die Dood." (p. 177.) En die
wonderlike Amerikaner, wat so netjies sug nes 'n middeleeuse rederyker
(p. 201) het ook 'n snaakse begrip van 'n kinderverstand as hy vir Ester
sê: "Hulle (die eierdoppies) het wel eens die kiem van lewe gedra, maar
is nou siellose stof geword en is tans oorblyfsels van verongelukte
verwagtings, nes die graffies van kinders wat slegs tydelik aan hulle
volk geleen was." (p. 201.)
Eweas in _Jakob Platjie_ hou Von Wielligh ook in _Huis en Veld_ lang
verhandelinge oor die toestande van 'n halwe eeu gelede, wat heeltemal
los staan van die verhaal. So kry ons in hoofstuk III besonderhede oor
poswese, boerdery, kerk, skool, spoorweë en ... swawelhoutjies. Daar is
historiese uitweidings en 'n beknopte geskiedenis van die
Patriotbeweging; 'n definiesie van 'n lugspieëling (p. 109), wat sou pas
in 'n handboekie oor aardrykskunde, 'n boereraad teen koorssiekte en 'n
persoonlike appresiasie van die deugde van Engelse sout, kienapille en
"grou vomitief", ens. ens. Von Wielligh het ongetwyfeld 'n goeie kennis
van die tydperk wat hy beskrywe en sou seker 'n handboekie kan opstel
wat vir die historikus en argeoloog nuttig sal wees, as hy maar net leer
om te onderskei tussen gewigtige en onbelangrike sake en hul nie heel
deftig vertel dat "die graanboer meestal sy gesprek voer oor graan ploeg
en afoes; die wynboer belang (stel) in wingerde en wyn, en die veeboer
verdiep (is) in sy skape en beeste ..." (p. 57-58). Hy kan gerus aanneem
dat iedere normale mens dit oor vyftig jaar ook nog sal weet! Laat hom
in elk geval nie weer probeer om sy kennis soos Koos Fonk in 'n roman
rond te smous nie, want ook op letterkundige gebied is sulke
smokkelpraktyke strafbaar.
Staan jou Man.
In _Staan jou Man_ word die boerelewe op die ooster-grense van die
Kaapkolonie in die tyd net voor die Groot Trek geskets. Gert Markeland,
weens sy groot lengte bekend as "Groot Fant" woon op die plaas
Kliphuiskoppie in die nabyheid van Grahamstad. Een van sy bure is Samuel
Firtree, 'n Engelse "setlaar", wat egter heeltemal Afrikaner geword het.
Jakob Raster, 'n Hollandse matroos, is Daan Wiks se skoolmeester. Groot
Fant gee op sy verjaarsdag 'n groot fees, en later word trekplanne op
Org Dapperman se plaas bespreek. Daar word 'n tier geskiet, by welke
geleentheid Raster les kry in perdry. Frankie Daai, 'n ou-jonkman maak
flikkers by Sytjie, wat skielik ryk geword het deur 'n groot erfenis,
maar word deur sy handelsvennoot Soekie Grasman uitgeoorlê. Victor, die
seun van Firtree, skiet per ongeluk Org Dapperman dood en verwond sy
vrou, waardeur die trekplanne uitgestel word. Allerlei kaskenades van
Rennie, Groot Fant se seun en Ester, Dapperman se dogter, word verhaal.
Ester red die bewoners van Kliphuiskoppie deur op dapper wyse die aantog
van Kaffers aan die bure bekend te maak. Plase en meubels word verkoop
en voorbereidings vir die Trek gemaak. Intussen het Daai en Grasman in
die tronk geraak en Groot Fant Sytjie gekies om die plek van sy oorlede
vrou in te neem. Die verhaal sluit met enige awonture van die trek.
* * * * *
Uit _Staan jou Man_ blyk ten duidelikste dat Von Wielligh se
intriegemasjienerie net 'n paar radjies het, wat al lelik uitgeslyt is.
In _Huis en Veld_ het hy tweemaal gebruik gemaak van 'n verlore brief
(p. 117 en 125), in _Staan jou Man_ doen hy dit nog eens (p. 103) en ook
in Jakob Platjie speel 'n brief die rol van verklikker (p. 85). In
_Staan jou Man_ bewys Sytjie ook nog Daai en Grasman se onskuld deur 'n
brief (p. 237).[120]--Koos Fonk se verjaarsdagfees by Gansmond word
beskryf (Hoofstuk XII)[121]; in _Huis en Veld_ is daar Nuwejaarviering
(Hoofstuk VII), in _Staan jou Man_ alweer 'n verjaarsdagfees (Hoofstuk
VI), en daarby nog 'n poffertjiesparty (Hoofstuk III).--Platjie sien
"skrifgeleerde" visioene, nadat hy soutvleis en stormjaers geëet 't (p.
222), Frankie Daai ooreet hom aan buffelkarbonaadjies en word deur 'n
lelike nagmerrie gery (Hoofstuk IX).--In _Huis en Veld_ skrik die
vrouens hul lendelam vir spinnekoppe (p. 181) en Tant Annie het groot
respek vir klipsalmanders (Hoofstuk II).--Die vrindskaplike verhouding
tussen die famielies in _Huis en Veld_ vind ons onder gewysigde
omstandighede terug in _Staan jou Man_. Jakoba word skielik ryk (_H. en
V._ p. 114), Sytjie ook _(S. jou M._ p. 90) en albei kry dadelik vryers.
Birdie se twee vryers raak albei in die moeilikheid deur hul slim
planne, Sytjie s'n netso. En so sou daar nog meer ooreenkomste aan te
wys wees.
Die oorvloed van los anekdotes in al drie boeke is ook opvallend. In
_Staan jou Man_ loop so baie kruispaadjies, dat ons glad van die
grootpad verdwaal. Die skrywer het dit blykbaar self gevoel, want hy
begint Hoofstuk XIV aldus: "Ons verlang nou al so baie na Kliphuiskoppie
... dat ons nou g'n minuut langer sal versuim om daarheen te gaan nie."
Die enigste draad, wat die anekdotes verbind, is dat almal bewys, dat
die persone hulle _man kan staan_. Dit word so 'n opeenhoping van dapper
dade, dat mens naderhand voel, dat die kindere Enaks weer opgestaan het,
terwyl Groot Fant 'n reinkarnasie van Simson is. Dat hy nog die moeite
doen om die pilaar van die kliphuis met kruit weg te blaas en dit nie
sommer omstoot nie, soos sy prototiep met die tempel van die Filistyne
gemaak 't, bly 'n raaisel!
Dit spreek vanself dat by 'n roman, waarin die skrywer probeer om deur
'n semelagtige aaneenstrengeling van awontuurlike voorvalle te bewys,
dat die vernaamste persone almal hul man kan staan, van die psigologiese
uitbeelding niks tereg kom nie. As hy die smart van die trekkers moet
uitbeeld, wanneer hul die Kolonie verlaat, dan roep hy uit: "Ons verberg
ons gesig vir die warme trane van afskeid, ons sluit ons ore vir die
_hartverskeurende_ snikke, wat sielesmart vertolk.... Vroue en kinders
wink mekaar toe met hulle hande of sakdoeke, en die mans waai met hulle
hoede--alles tekens van 'n _hartgevoel wat woorde magteloos slaan om
(dit) te verklank"_ (p. 240-241).[122]
Dieper dan die trane en die sakdoeke kan hy nie sien nie en daarom wil
hy sy oppervlakkigheid agter 'n retoriese poespas wegsteek. Met die een
voorbeeld kan ek volstaan en merk alleen nog op, dat daar selfs geen
goedgetekende Hotnotsfiguur in _Staan jou Man_ is nie.
Die neiging om lang "moralisatiën ende contemplaciën" oor sy persone
te hou, is in _Staan jou Man_ nog baie hinderliker dan elders. "En as
ons Frankie Daai so sien lê, dan rys die volgende oorwegings in ons
gedagte op:--" (p. 86). Wat die "oorwegings" met die slapende Frankie
te doen het, weet Von Wielligh alleen, want dis 'n beskrywing van die
winter!! As Frankie egter eers gedroom het, dat Sytjie hom wurg, maak
"hierdie afgryslike gesig ... verder 'n beroep op ons nadenking" en
dan pas merk ons dat die wintertoneeltjie 'n aanlopie was vir 'n
uitgewerkte preek oor die "vraatsugtige Mens", by welke uitroep ons
seker aan Frankie se gulsigheid met die buffelkarbonaadjies moet dink!
Maar dis glad mis! Die "vraatsugtige mens" handel nes die "kille
nagwindjies"! So raak ons "toegespinnerak" in die "stowwerige webbe"
(p. 88) van onverstaanbaarheid.
Op p. 186 versoek hy die "waarde leser" om die pen uit sy hand te neem
"om die blydskap van tant Annie _in skrif_ ... neer te _skrywe_"; op p.
147 staan 'n prekie oor kinders in Griekwa-styl; op p. 270 vertel Ester
en Rennie "hulle awonture en uitredding, _wat ons as volg teruggee_".
Die verklaring van _stormjaers_, p. 26, wat hy oor en oor gee in byna al
sy boeke, en die beskrywing van 'n _kakebeenwa_ moet hy bewaar vir sy
oudheidkundige handboek.
Boesman-Stories.
"The religion of the Bushmen is made as clear from their own recitals
as such a subject can be, when it is remembered that the minds of the
narrators were like those of little children in all matters not
connected with their immediate bodily wants. Their views concerning the
sun, moon, and stars seem utterly absurd, but a European child five or
six years of age, if not informed, would probably give no better
explanation. Their faith too, that is, their unreasoning belief in many
things that to an adult European seem ridiculous, is seen to be that of
mere infants." So lui die verklaring van Dr. Theal in sy inleiding tot
_Bushman Folklore by Bleek and Lloyd_ (p. XXXVIII) en wie die eerste
deel van Von Wielligh se _Boesman-Stories_ (1919) gelees het, moet die
juistheid daarvan erken. Die stories verplaas ons in 'n spook-wêreld,
waar alles met toordery aanmekaar hang, waar die snaakste
gedaanteverwisselinge plaasvind en die aller-gekste maneuwers uitgevoer
word. In die wonderlike gedoentes is daar weinig logiese gang; daar is
geen kliemaks wat steeds die belangstelling gespan hou, geen goeie
motivering, geen artistieke, harmoniese eenheid nie. Meestal weet ons
nie of ons met mense of diere te doen het nie, want ofskoon die diere
gewoonlik enkele kenmerkende eienskappe hou, word die juiste maat in hul
vermensliking selde getref, en verrig hul dade, wat al te spesifiek
menslik is. So lees ons van 'n uil, wat sy mes laat val (I, p. 117), 'n
aasvoël, wat 'n springbok skiet (II, p. 19), 'n leeuwyfie, wat met
Boesmankinders saamwoon en hulle met knopkieries wapen (II, p. 109), 'n
tier wat hom as 'n reisiger vermom (II p. 140). En van sulke voorbeelde
krioel die stories. Dit word ten slotte 'n marteling om die grillige
kronkelinge van die Boesman-fantasie te volg. Van skoonheid uit
letterkundige oogpunt is daar heel weinig te bespeur in die kinderagtig
inmekaargedraaide versinsels, waaraan mens geen osseriem kan vasknoop
nie. Vir die etnoloog mag die gegewens, wat Von Wielligh met sulke
prysenswaardige ywer byeenversamel het van groot waarde wees, maar vir
die letterkunde is alleen enkele verhale uit die eerste twee dele van
enige betekenis. Mooi is nommer 41 waar 'n leeu met 'n klein meidjie by
die wagvuur speel. En so is daar ander toneeltjies uit die swerwende
jaglewe van die Boesman, wat treffend is deur oer-naïewe eenvoud; ook
raak skildering van diere (b.v. in nommer 44), maar selde 'n skone
geheel.
In die eerste deel word hoofsaaklik die mitologie behandel, deel twee
bevat dierstories, terwyl die derde deel eintlik geen reg op die naam
_Boesman-Stories_ het nie, want dis 'n geskiedkundige verhandeling oor
die "sedes, gewoontes en bekwaamhede" van die Boesman. Heelwat
besonderhede, wat reeds in _Jakob Platjie_ en die eerste twee dele
voorkom, word hier herhaal, te same met persoonlike herinneringe en
allerlei anekdotes, wat die skrywer van ander persone verneem het. In
eenvoudige taal vertel Von Wielligh alles wat hy van die Boesmans weet.
Gelukkig het hy sy meedelings nie "met 'n vergulde nerfie
oor(ge)blaas"[123] nie, want soos uit 'n nader bespreking van sy styl
sal blyk, is 't juis dìt, wat hinderlik is in sy romans. Hier loop hy
eenvoudig padlangs en vir die ondersoeker van Boesman-gewoontes deel hy
heelwat wetenswaardigs mee. In die voorwoord van die derde deel verklaar
hy, dat dit "van 'n wetenskaplike aard" is. Populêr-wetenskaplik sou
juister wees, want Von Wielligh is met als sy persoonlike ervaring 'n
leek sonder etnologiese vorming, wat geen begrip het van die groot
verband van sy onderwerp, en wat hom deur sy hartstog vir die Boesman
tot allerlei gewaagde en moeilik bewysbare generalisasies laat verlei.
So verklaar hy op p. 73, dat die Boesman 'n paar oë het, "om ver en raak
te sien soos nog geen ander menseras hom op kan beroem nie", en op p. 68
verseker hy ons, dat daar "op die Europese toneel min ... dansers (is),
wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof ..." Op p. 21 verklaar hy: "soiets
as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie", terwyl hy kort daarop moet erken:
"In sterk wind is hy minder gelukkig". Die meedeling oor die slangsteen
op p. 52 is seker ook nie van wetenskaplike aard nie, ewemin as die
snaakse definiesie van "deursigkunde--dit wil sê, om voorwerpe op 'n
tekening op verskillende afstande voor te stel" (p. 67). Vir die vakman
sal die volgende bewering ook stellig nie van veel nut wees nie: "Sy
voedsel (d.i. die Boesman s'n) bestaan byna uit enige ding--al wat hy
nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie." (p. 21).
Die vierde deel bevat "gemengde vertellings, mees van 'n awontuurlike
aard", wat die skrywer gedeeltelik self opgeteken 't en gedeeltelik aan
ander bronne ontleen 't. Daar is 'n paar goeie jagstories en verhale wat
ons 'n kyk gee op die awontuurlike lewe van die boere teen die end van
die negentiende eeu. Uit letterkundige oogpunt is dit die besgeslaagde
bundel, ofskoon ook hier die psigologie soms nie dieper as die boonste
nerfie gaan nie, soos blyk uit die volgende: "Dis wonderlik watter
indruk so 'n verandering in die lewe van 'n Boesman maak. Hy kom uit die
wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en
sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die
groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom 'n
wonder bo wonder." (p. 132.) Met dit al het Von Wielligh met die
versameling van die stories 'n verdienstelike kultuur-historiese bydrae
gelewer. Wat hy met onvermoeide speursin uit verborge hoekies en
gaatjies gehaal 't sal altyd van belang bly, maar waar dit ons hier te
doen is om letterkundige skoonheid, moet gekonstateer word, dat die
geaardheid van 'n groot gedeelte van die stof sodanig is, dat dit slegs
vir wetenskaplike doeleindes geskik is.
Gewoonlik word die serie _Boesman-Stories_ as boeke vir die jeug
beskou. Blykens die voorberig van die vierde deel was dit allermins die
bedoeling van die outeur en uit die karakterisering van die inhoud is
dit duidelik, dat hy gelyk het. Daar is seker min Afrikaanse ouers, wat
sou wens, dat hul kinders so 'n volledige kennis van al die
Boesman-bygelofies bevoorbeeld moet hê, as wat Von Wielligh ons aanbied.
Niettemin sou daar seker 'n klein bloemlesing uit die vier dele kan
saamgestel word, wat sal voldoen aan die vereistes van 'n kinderboek.
Maar Von Wielligh is veels te optimisties waar hy sê: "...daar sal gewis
'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar meer as kinders hulle
ore sal hou teen die blaaie van _Boesman-Stories_ om te luister na
sprokies en vertellings _asof die woorde direk en duidelik afkomstig is
van die oorspronklike lippe wat hul vertel het_."[124] Dit is in
flagrante teëspraak met die volgende: "Met die skrywe van hierdie
_Boesman-Stories_ het ons die gedagtes van die Boesmans _in ons eie
woorde vertolk ..._"[125] en gee aanleiding tot 'n ander opmerking. Die
eienaardige bekoring van die inboorlingestories sit ongetwyfeld
grotendeels in die persoonlikheid van die oorspronklike verteller. Dit
het Von Wielligh self gevoel, want in die voorberig van _Diere-Stories_
verklaar hy: "Niemand kan 'n Diere-Storie so smaakvol as 'n Hotnot
vertel nie. Dit smaak of hy alles daar voor hom sien en hoor, wat hy
verhaal. Haarfyn kan hy die Diere naboots en namaak--so natuurlik, dat
ons daarvan soms bang word." Nou is dit juis dié natuurlike element, wat
ons in die _Boesman-Stories_ mis, terwyl in _Diere-Stories, soos deur
Hotnots vertel_ die juiste toon baie beter getref word. Gelukkig het Von
Wielligh besef dat 'n kinderboek nie "deurspek met lesse, met sedepreke"
moet wees nie en met uitsondering van sekere minder artistieke
stylwendings kan die _Diere-Stories_ as aangename kinderlektuur beskou
word, wat egter in hierdie verband nie nader kan bespreek word nie.
Al dadelik blyk egter weer uit die volgende aanhaling, dat Von Wielligh,
as leek hoegenaamd geen insig het in die wordingsgeskiedenis van
dierverhale nie. In die voorberig van _Boesman-Stories I_ stryk hy met
'n klein vetkersie ewe parmantig in die volle lig van 'n stralende son:
"In Europa en Amerika word tot nog toe vrugtelose pogings aangewend om
gewilde en ingrypende (?) "Diere-Stories" te skrywe; hier in Suid-Afrika
het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeue gelede uitgewerk. Al
wat ons te doen het, is om die ryk oes in te samel." Hy weet dus nie,
dat feitlik alle volke hul dieresprokies het nie, dat selfs vandag nog
sulke vertellings van mond tot mond gaan oor die gehele aardbodem en dat
baie van ons jakkalsstories groot ooreenstemming vertoon met die
Europese verhale van die vos.[126] Wat die digter van _Reinaerts
Historie_ (II), reeds in die 14de eeu geseg het bly nog altyd waar, ook
in literêr-historiese sin: "Van Reinaerde es een groot saet Ghebleven
dat nu seere up gaet."
Van Von Wielligh het ook nog verskyn 'n Afrikaanse bewerking van
Robinson Crusoë (1920) en 'n Boesman-Robinsonade, _Nimrod Seeling_
(1921). Nimrod is 'n seuntjie van vier jaar, wat in die hande van
Hotnots en Boesmans val en by hulle bly tot sy veertiende jaar. Deur
'n aaneenskakeling van awontuurlike gebeurtenisse kry die skrywer nog
eens 'n geleentheid om die gewoontes, sedes en bygelowe van
verskillende inboorlingstamme te skets, terwyl ook die jag op groot
wild beskryf word. Aangesien die verhaal vir die "jonger geslag"
bedoel is, word 'n eenvoudige styl gebruik. Maar selfs die spannendste
awonture word op dorre betoogtoon verhaal, sonder enige poging tot
plastiese uitbeelding. "Die leeu is nou kort agter ons. Toe Saba in
haar boom was, steek sy haar hand uit om my op te help. Maar helaas,
my lang hare raak verward in 'n droge tak. Saba breek met wilde krag
die stuk tak en pluk my op; net toe kom die leeu onder die boom en
vang met sy voorpoot naar my voete. _Hierop_ maak Saba haar man as of
hy uit sy boom wou afklim. Die leeu sien dit, hol soheentoe en kry 'n
skoot met 'n gifpyl, deur die ander Boesman afgeskiet. _Hierop_ gee
Saba haar man hom nog 'n skoot, en hy was nie meer nie." (p. 33-34.)
Dit is maar een voorbeeld van die dooierige, kroniekagtige
vertellings, waarin die verskillende insidente deur 'n uitgerekte
string van hierop--daarop--waarop--daarna--verder--voorts en
soortgelyke woorde aanmekaar geryg word.[127] Dat ook hier herkouing
van ou motiewe aanwesig is, bewys o.a. die Griekwa-preek op p. 76.
Hy tok-tok, hy tok-tok,
Hy tok-tok, hy tok-tok, ens. ens.[128]
Dit is die enigste ritme, wat daar in Von Wielligh se prosa is. Gevoel
vir die klankwaarde van woorde, vir die fyner modulasies, vir die mooi
melodie van glydende woordereekse besit hy nie. Ewe geduldig stryk hy sy
ramkie en op die eentonige deun "kerf" hy riel na riel uit. Dit is die
totaalindruk. In _Jakob Platjie_ word ons af en toe deur 'n mooi
klankeffek verras en ook in die _Boesman-_ en _Diere-Stories_, maar in
_Huis en Veld_ dreun die dowwe preektoon dwarsdeur.
Herhaling van dieselfde woorde is 'n vaste kenmerk van sy styl. "As 'n
man wild na huis bring, dan word die afgekoude _bene_ 'n entjie van die
deur van sy hut op 'n hopie ge_gooi_. So het elke man in die kraaltjie
sy eie _been_hopie. Die af_geëte bene_, so lank _geëet word, word_ in
die hol bak van die bors_been_ van 'n volstruis geplaas. Is daardie
_been_skottel vol _bene_, dan word dit na die _been_hopie gedra en daar
neerge_gooi_." (_Boesman-Stories_ III p. 34-35.) En so gooi Von Wielligh
nog 'n paar paragrawe aldeur _bene_ op die _beenhopie_, totdat dit 'n
berg word! In _Huis en Veld_ (p. 145) kom behalwe ander herhalings voor:
herstel--stel--stel, alles in een paragrafie.[129]
"Onder sy aanvoer kom hul altyd vier_kant_ veilig ander_kant_ uit"
(t.a.p., p. 67). "Dit het Daan gesê, en hy gaan toe op 'n verraderlike
blok _sit_, wat sy plesier daarin vind om óm te slaan en die een wat
daarop wou _sit_, nog die moeite te gee om dit weer met sukkel in ewewig
op die grond te plaas en dan daarop te _sit_, met meer aandag wat onder
as wat voor die _sit_ter plaasvind" (t.a.p., p. 24). Afgesien van die
storende herhaling is dit seker besonder lompe styl. En sulke voorbeelde
is daar soos bossies![130]
Met nog een tok-tok-deuntjie kan ons volstaan. _"Daar_ was nie lopende
_water_ in die _kloof_ nie; alleen was _daar_ 'n gat _water_ onder 'n
_water_val. _Daar_ was geen ander ingang tot die _kloof_ as van onder af
nie. Ons vind die dooie kalf bo in die _kloof_ digteby die _water_val en
_daar_ het ons die slag_yster_ gestel soos dit behoort te wees, sonder
die _yster_ aan iets vas te maak--anders draai die tier sy poot _daar_in
af. Lê die _yster_ los, dan kan hy wel 'n entjie _daar_mee stap, dog van
ontvlug is glad geen sprake nie, _daar_ die _yster_ te _swaar_ aan sy
seer poot hang." (_N. Seeling_ p. 77-78.) "Ma, Pa vra of Ma nie Pa se
osse na die wa sal laat ja nie?" is kindergestamel van dieselfde
klankwaarde.
Vir kombinasies van verwante gedagtes is Von Wielligh baie lief en
dikwels gee hy _in aliis verbis idem_. "Dit vul ons hart egter _met
blydskap_ om _met vergenoegdheid_ 'n terugblik te mag werp ... (_Eerste
Skrywers_ p. 7); "Maar gelukkig het 'n _verwydering_ van liefde en
vrindskap die lede nie van mekaar kon _skei_ nie. Vrinde as altoos!"
(t.a.p., p. 49)--wat onsin is! "Hulle (verstaan: die Engelse) beskik oor
wêreldberoemde skrywers en _vertalings uit ander tale"_ (t.a.p., p. 91);
"_Hy het_ die Britse gesag _verlaat en vaarwel gesê_, en met sy Groot
Trek _het hy_ in 1836 die Kolonie _verlaat_ ..." (t.a.p., p. 103); "'n
lappies dorp _van tente_ of 'n blikkies dorp _van sinkhuise_" (_H. en
V._, p. 111); "_Rusteloosheid_ egter gun hom _geen rus_ nie"[131]
(t.a.p., p. 6); "die renbaan het Freddie se beurs omgedop, _sodat die
binnekant nou buite sit_" (t.a.p., p. 128); "alles natuurlik onder vier
oë _en in diepe vertroue"_ (_J. P._ p. 94); "Die trekboere het in tente,
maar liefs _by voorkeur_ in matjieshuise gewoon" (t.a.p., p. 92); "die
man se lyf was amper kaal en _met min klere bedek_" (_Boesman-Stories_
I, p. 148). Dieselfde neiging om tog maar veral niks aan die fantasie
van die leser oor te laat nie blyk ook uit tal van nuttelose opmerkings
by die _Boesman-Stories_. Die tietel van No. 58 in deel III lui: "Nog
meer oor Bygeloof" terwyl die _Opmerking(s)_ ons nog ewe deftig
verseker: "In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies
van Boesmans"! By No. 53 en elders gaan dit net so!
Ick sie: geen dingh en is soo kleyn,
Of 't gaet u tot het innigh breyn:
Geen dit of dat, geen boere-schuyt,
Of gy en treckt er voordeel uyt.[132]
As Von Wielligh in die sewentiende eeu geleef 't sou hy seker 'n tiental
emblematabundels geskryf 't. Wat van Vader Cats geseg is, geld ook van
hom: "Niets is hem te gering; geen afstand is hem te groot, geen
combinatie te zonderling; zijn blik volgt de vloo, dwaalt van de oester
tot het haantje van den toren."[133] "De voorstellingen (in Sinne- en
Minnebeelden) zijn meerendeels ontleend aan het dagelijksch leven; een
doorgehakte paling welks twee deelen zich zoeken te vereenigen, een
brandend hout en een mooi meisje, eene papegaai in een kooi, een
spinneweb, een windhaan, een rattenval, een bordurende juffer ...
verwelkte rozen, een vlinder, eene fuik, enz."[134]
"Frans weer was soos sodawater: druk jy die prop in, dan bruis dit, maar
die gas is gou uitgekook. Gou driftig, maar gou weer goed." (_H. en V._,
p. 14.) Met 'n mooi plaatjie daarby sou dit 'n goeie _sinnebeeld_ wees.
Cats redivivus, maar dan tog in onderbaadjiesak-formaat, want van sy fyn
vertellerstalent is daar by Von Wielligh weinig te bespeur. Dit is
bekend, dat Cats twistery tussen man en vrou verdedig deur daarop te
wys, dat 'n braakmiddel af en toe goed is vir die maag. Dit is wel iets
na Von Wielligh se smaak: "Om iemand kwaai woorde toe te voeg, of om hom
_vomitief_ in te gee, kan jy iets onaangenamer terug verwag" (_H. en
V._, p. 88). Dieselfde skerp "tegenstelling van verheven en plat" wat by
Cats so 'n komiese indruk maak, tref ons ook by Von Wielligh aan. As
Cats bevoorbeeld wil duidelik maak, dat die gedrag van iedere vryer
noukeurig ondersoek word, dan sê hy:
Een vryer moet het lyf als op de rooster leggen,
Om daer, gelyck een worst, te worden omgewent,
Totdat men aen den reuck syn roet (vet) en reuzel kent.[135]
Von Wielligh verklaar met groot erns: "... so nutteloos as 'n horlosie
sonder wysters, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se
bors, net so sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees." (_H. en
V._, p. 121).
"Zeker, Potgieter had gelijk toen hij, met het oog op Huygens, zeide
dat voor den waren dichter niets te laag is om het tot zich op te
beuren. _Indien_ de dichter het lage dan ook maar opbeurt. Dat doet Cats
zelden. Gewoonlijk bukt hij zich of hurkt er bij neer ... Liefst houdt
hij zich bij het dagelijksch leven; maar het dagelijksche wordt licht
alledaagsch, het alledaagsche staat niet ver van het platte, het platte
daalt gaarne af tot het ruwe."[136] So gaan dit ook met Von Wielligh.
Dat hy sy boere ens. van die ou dae, beelde ontleen aan hul daelikse
bedryf laat gebruik, is goed gesien. As Frans die slagter b.v. in _Huis
en Veld_ na aanleiding van 'n opmerking dat gebrekkige en sieklike mense
nie behoort te trou nie sê: "Dus hulle is van egtelike Liefde
uitgesluit. Hul moet hulle geluk in Vrindskap gaan soek--en is stompoor
gesny en op die stoppelland geja." (p. 16), dan tiepeer dit meteens die
man se hele persoonlikheid. Willie se grappie: "Ons het die ou jaar net
vandag nog aan die puntjie van sy stert, vannag glip hy hand uit en
slaan bolmakiesie oor die afgrond van die verlede" (p. 47) pas mooi in
die koffiedrink-atmosfeer. Maar wanneer Dolf se vrou in volle geselskap
sê: "dan maak Ma eers goed vuur op hulle asplekke" (p. 74), stap sy oor
die grense van alle welvoeglikheid. Von Wielligh moet bedenk, dat wat
uitstekend pas in _Jakob Platjie_ nie orals kan gebruik word nie. Koos
Fonk se mikstuur "maak vrolik en olik en dan moet daar weer van die hond
se hare gehaal worde om op die hond se bytplek te sit" (p. 81). Sina is
"vir die tronk so bang ... as 'n bobbejaan vir die hits van 'n gloeiende
yster" (p. 5)--dit is raak opmerkings, wat ons dadelik as psigologies
juis voel. Maar ongelukkig het die Hotnot-Griekwa-Boesman-suurdesem deur
_al_ Von Wielligh se werk getrek. Dolf se "beskouing omtrent sake het
nie dieper ingedring as 'n speld in 'n aap se duim nie" (_H. en V._, p.
13); sy gestalte "laat iemand aan 'n bobbejaanpaal dink ... terwyl Frans
iemand aan 'n ronde-rib skapie herinner" (p. 13)[137]; Hessie "kielie 'n
kort stukkie op die klavier" af (p. 36); Dolf lyk "net verspot ... asof
hy te veel galsterige varkspek geëet het" (p. 97) en in _Staan jou Man_
sit "algar ... by hierdie tyd soos paddas danig erg van die gemmerbier
opgeblaas" (p. 61); "Die son steek asof hy Fant in 'n groot stuk kaiings
wou opsmelt" (p. 18); Soekie Grasman is "so grappig dat hy 'n hele vrag
ape van lag sal laat uitskater" (p. 104) en druk Sytjie "om haar
beenderige ribbe" (p. 131); "M.A. en B.A.-tietels was vir hulle net
soveel wêrd as 'n broeksak vir 'n hond" (p. 149); "ons almal weet dat
die troos wat hieraan ontleen is, maar altyd 'n handvol vlieë bly" (p.
244). Met sulke beelde sal Von Wielligh seker die outas en aias in die
kombuis laat lag.[138]
Met eienaardige logika probeer hy om die plat taal van die
_Patriotters_ goed te praat: "'n Fout werd gevinde met die Eerste
Skrywers, dat hul ongekuiste taal gebruik het. Maar dit vind 'n mens by
die eerste skrywers van alle volke en die rede is hierin te soek: dat as
iemand van 'n vlooi praat, dan is dit onbeskaaf, maar hy mag wel van 'n
vlieg praat. Dis niks om van 'n koei te praat nie; maar pas op om van 'n
bul te praat. Iemand kan sê: "dis leuenagtig"; maar "_dis waaragtig_"
dan is dit vloek. In die opvoeding word hom geleer wat te sê en nie te
sê nie. Dus hy word geleer hoe om in die sitkamer te praat. Alle dinge
is geoorloof; maar alle dinge is nie oorbaar nie". (_Eerste Skr._, p.
38.) Met iemand wat hom van sulke argumente bedien, val daar nie te
redeneer nie.[139] Dat "die eerste skrywers van alle volke" hul van
ongekuiste taal bedien het, is 'n bewering wat stellig onwaar is in sy
algemeenheid; bowendien kan die gebruik daarvan in die negentiende eeu
beswaarlik geregverdig word deur 'n vergelyking met toestande van vyf of
ses eeue terug.
In sy studie _Ons Geselstaal_ verklaar Von Wielligh: "Dog iemand wat
regtig meen om suiwer Afrikaans te bestudeer, moet peil tot die bodem om
die Afrikaanse gedagtegang baas te raak. Hiervoor lewer Plat Taal ons 'n
uitstekende geleentheid om te leer hoe woorde van suiwer gehalte te
vorm. Dit wil sê, as ons meester van die Afrikaanse Plat Taal is, dan
besit ons die sleutel om woorde van 'n hoë gehalte te smee; besit ons
dan sulke doeltreffende woorde, dan word praalskrif op suiwer grondslae
vir ons so duidelik as die son aan die hemel--altyd opklim, opklim tot
die hoogste sport."[140] Von Wielligh is hier ongetwyfeld op die regte
spoor, al raak hy ook verward in sy beeldspraak. Met _plat taal_ bedoel
hy blykbaar die geselstaal van die onderste lae van die samelewing, wat
volstrek nie noodwendig plat is nie, terwyl onder _praalskrif_, taal van
letterkundige gehalte moet verstaan word. As Von Wielligh dus bedoel dat
die kunstenaars die volkstaal moet beluister, dan gee hy 'n raad wat
baie groot skrywers van alle volke gevolg het. Dit is bekend hoe Vondel,
Hooft, Brederoo en ander sewentiende-eeuers gedurende die wordingsproses
van die Neerlandse taal geput 't uit die sappige volkstaal. Hooft sê in
'n brief van 1630: "Verworpelingen van woorden van straet op te raepen
ende doen dienen daar ze deugen, al was 't onder de edelen, daer kan men
eer af hebben". Van Vondel vertel G. Brandt: "Om op elke stof en zaak de
rechte spreekwysen te vinden, onderzocht hy, by allerley slagh van
menschen, wat Duitsche woorden elk ontrent zyn werk, handteering en
kunst gebruikte. De landtluiden vraagde hy, hoe sy spraaken ontrent den
landtbou, en hoe ze 't geen daar toebehoorde noemden, en uitdrukten.
Ontrent den huisbou vraagde hy op gelyke wyse de timmerluiden en
metzelaars: ontrent de zeevaart en 't scheepstuig de zeeluiden; ontrent
de schilderkunst, en wat daartoe hoorde, de schilders: en zoo voort
ontrent alle ander bedryf, wetenschappen en kunsten. Dit strekte tot
opbou der taale en om van al wat hem voorquam met woorden die de zaake
eigen waaren te spreken."[141] Dit is presies wat Von Wielligh met groot
ywer en toewyding gedoen het en die uitkomste van sy jarelange ondersoek
is dikwels verrassend. Maar dit is van meer belang vir die taalwetenskap
as vir die letterkunde, omdat Von Wielligh geen kunstenaar is nie, wat
uit sy versamelde gegewens 'n werk van skoonheid kan skep. Hy is
eenvoudig 'n belangstellende leek, wat hom verlustig in die "raak
kolskote"[142] van die "spraakmakende gemeente", wat "sy lag nie kan
bedwing vir die raaksê-uitdrukkings"[143] van die volksvernuf nie. As hy
binne "die grense van sy eie ploegland"[144] bly, en die gesprekke van
eenvoudige volkstiepes of inboorlinge weergee, bereik hy dikwels 'n mooi
effek, maar sodra hy hom "werp op die vleuels van praalskrif" dan gee
dit 'n lelike misoes af. Van sy fyn opmerkingsgawe waar dit dinge uit
die alledaagse lewe geld, uit die boerebedryf en jagveld getuig byna
iedere pagina van sy werk. Ook die gewoontes van die diere het hy ywerig
bespied. Hy het honderdmaal geluister na geselsery oor "pynplekkies en
weersgesteldheid"[145], hom "knippeldik" versadig aan die kwinkslae en
"pittige" gesegdes van eenvoudige siele, wat jarelank in die veld- en
woestyneensaamhede rondgeswerf het. Daarom is daar in sy beeldspraak so
dikwels 'n plat-by-die-grondse geestigheid, 'n kombuisagtige bysmakie,
daarom verlustig hy hom in bywonergrappies.
Wanneer hy binne "die grense van sy eie ploegland" bly, dan is sy
beeldspraak ook baie beter as die van sy "praalskrif". Ter tiepering 'n
paar voorbeelde: "Mog daar 'n verskilletjie ontstaan, word dit so gou
doodgedruk as die vonkie wat val op 'n pyproker se broek (_H. en V._, p.
15); "Niemand kry die eer om hom te fop nie; hy lê altyd vir hulle
klaar, nes 'n haas wat met sy oop oë slaap, of nes 'n ystervark met sy
skerp penne, na die bedrieër toe." (_S. j. M._, p. 68.) "Vat hom aan sy
hakskeen, en jy kry 'n terugskop met die polvy van 'n velskoen, waarin
'n nommer-12-voet sit, om jou maagpyn en winduit op jou hurke te bring;
dan pak hy die parmant aan die arms, ... stamp hom nes 'n karringstaf op
en af, tot hy hik." (id., p. 12); "Daarom het al die mans in daardie dae
nes spinnekoppe gelyk wat tot agter hulle nekke oopgeboener was." (id.,
p. 6); "Fant het net soos iemand wat korhaan jag, om en om Sytjie gestap
tot sy gaan sit, toe korrel hy" (id. p. 229); "Wie sy ou steeks perd,
wat gewoonlik agteruitbeur as daar seekoegate agter is, verruil vir 'n
ander wat gewoonlik die vaart neem as daar miershope en slote voor is,
weet bepaald dat hy deurgaans in die midde van onsekerheid verkeer."
(id., p. 239). Rosa "sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met 'n
baksteen skrop" (_Jakob Platjie_, p. 166). Abdol maak geld "soos
gemaalde koffie uit 'n meul." (id., p. 71.) "Oom, my bokke is regtig
mooi--hulle kloue kraak nes blinkleer stewels as hul so rondstap." (id.,
p. 57.)
Wanneer Von Wielligh nou sulke uitdrukkings gebruik, dan bly hy binne
sy eie ervaringssfeer en ofskoon daar geen sprake is van digterlike
siening nie, voel ons direk dat alles eg en deurleefd is. Maar te
dikwels vergeet hy dat die lekker-gesels-praatjies om die wagvuurtjie in
die oop veld sleg pas in die sitkamer en dan verspreek hy hom lelik. So
lank as hy nog by die wagvuurtjie bly, kan ons soms met genoege luister
na sy jaganekdotes en vertellings van die ou dae, dan hinder sy gekruide
styl ons nie, omdat dit so innerlik-eg is, so getuig van intieme omgang
met die natuur in sy oer-staat. Maar sodra hy die sitkamer binnestap,
begint hy op onnatuurlike toon te preek,--dan rek hy "'n
taai-tammeletjie so lank uit as (hy) kan"[146] en jaag die geselskap
uitmekaar deur sy "pittige plat taal". Die gedurige botsing tussen sy
natuurlike geselsstyl en sy onegte "praalskrif", wat hom verlei tot 'n
ridikule vermenging van hoog en laag is juis wat ons kriewelrig maak.
By die bespreking van _Huis en Veld_ is aangetoon, dat hy _Kleopas
Kipie_ maklik uitstof, wanneer hy sy sondagse manel aantrek. Dan word hy
gewoonlik onverstaanbaar in sy geaffekteerde hoogdrawendheid. "Met hulle
(die Trekkers) aangesigte na die noorde gekeerd, dwaal hulle dáár ver in
die suide op die agtergrond en sit op die verlede te broei. Die verlede
is vir vleis en bloed onnaakbaar; dog ons herinneringe, nes 'n
vliegtuig, is in staat om ons uit die deinsige hoogte op ons ou
dwaalplekke te laat neerkyk. Hulle sien uit hulle voëlvlug die ouderlike
woning, waarin hul die besitters van lewe met sy worstelinge geword het;
hulle sien die speelplekke met die waentjies en poppe wat hul
verbeeldingskrag gevoed en uitgeswel het, om deur bespieëling die weg
van toepassing te volg; ... Daarop keer die herinnering langsaam terug
... tot waar hul daardie aand gesit het. Dan lei Herinnering hul tot
onder die uitgebreide vleuels van Hoop, wat hul aan die hand vat ..."
(_S. j. M._, p. 282-283). Dit is seker nie moontlik om meer "vishoekvas
in die spinnerakke"[147] van jou verbeelding te raak nie, om nou 'n
tiepiese Von Wiellighaanse uitdrukking te gebruik. Eers _dwaal_ die
Trekkers, dan _sit_ hul "op die verlede te broei". Hul herinnering word
met 'n vliegtuig vergelyk; die vliegtuig kry 'n hand wat deur die
gevleuelde Hoop gevat word! Hiermee kan vergelyk word _Eerste Skrywers_,
p. 106: "Die heldemoed van die Afrikaner daar aan die dag gelê, het die
sluise van nasionale ontwaking oopgetrek; want die volk werd daarvoor
intyds ryp gemaak, sodat die verrassing nie as 'n onweerslag op hulle
gekom het nie."
In die voorwoord van _Huis en Veld_ kom nog 'n voorbeeld van verwarde
beeldspraak voor: "Hierdie swakke poging, deur ons aan die hand gegryp
om 'n druppeltjie in die emmer te laat val--is dit mis, dan is dit
mis,--is die uitvloeisel van 'n dryfveer, wat ons aanspoor, nie alleen
die skouer teen die wiel te sit nie, maar om ook volhardend ons hele
gewig daarop te werp. Ons mog in die voorreg deel om vanaf 1875 as
handlanger en baksteen-aangeër met die opbou van ons Afrikaanse
taalgebou mee te help ..." Sulke voorbeelde is daar baie in Von Wielligh
se werk.
As voorbeeld van die komiese effek veroorsaak deur die teenstelling van
sy gewone en kamma-verhewe styl kan die volgende uit die twede paragraaf
van _Eerste Skrywers_ (p. 1) dien: "Graag het ons gesien dat 'n
bevoegder lid ... sy kop oor die onderdeur van ons hartbeeshuis gesteek
het om te antwoord op die herhaalde aanklop." Maar dan word hy meteens
deftig: "Broeders en Susters! Blyhartig werp ons vir ons op die vleuels
van die gedagte om terug gedra te worde tot daardie dae, toe die sonskyf
van ons goeie nasionale taalsaak sy vergulde rand nog net so effentjies
bokant die donkere berge van onbewustheid en sluimer uitgesteek het."
Dan hoor ons van "'n koue harnas van geheimhouding oor ... brandende
gevoele", van "'n Afrikaanse boom, wat daar sy takke vry in ons heldere
lug uitbrei ..." en verneem dat in die dae "besigheid so slap soos
pannekoekdeeg en handel so plat soos die pannekoek self was"!
Tot welke onsinnigheid Von Wielligh hom deur sy opgeskroefdheid laat
verlei, blyk uit die volgende voorbeelde: "Hierdie pragtige stukkie
landskap is met die penseel van die verwoestende mensehand op die
seildoek van die skone panorama doodgeskilder, sodat dit daar nooit weer
sal verskyn nie." (_H. en V._, p. 71.) Die herhaling op die end is
tiepies. "Watter angs dit op die kindersiel afgespieël het val beter vir
die gedagte om dit te ontplooi as vir die pen om dit neer te grif" (_S.
j. M._, p. 272); "Hulle monde was meer vloeibaar as die vloeistof wat
uit die man se klere tap." (id., p. 243); "Toe eers ontprop hy sy
opgebottelde gedagtes en gee hul onsigbare vleuels om oor die
gebeurtenisse van die dag, oor die twee jongmeisies en oor homself te
laat vlie." (id, p. 84) "Selfs die kristallug, waar die sterretjies uit
die onmeetlike verte neerkyk, is tans met 'n swart plafon toegespyker."
(id., p. 167.) 'n Voorbeeld van Laag-by-die-grondse humor staan op p. 95
van _Staan jou Man_. Daar ontmoet ons ook nog juffroue, wat bordjies dra
met die opskrif: "alle toegang ten strengste verbode" en wat hul
voorstel hoe hul "'n weg sal baan deur 'n Eden van aardse saligheid"!!
Dikwels gee Von Wielligh se neiging om abstrakte begrippe te
verpersoonlik, of met iets anders te identifiseer aanleiding tot die
allersnaakste kombinasies. "Die wapenhuis van Rennie en Ester was
taamlik gevuld met 'n rommel van deug en ondeug; die taak om die gebruik
daarvan onder 'n ystervoet vas te trap was aan streng moeders en minder
geduldige vaders oorgelaat." (id., p. 148); "Die woorde was maar die
vingers wat die harpsnare van aldaagse gebeurtenisse bespeel" (id., p.
158); "Het die uitlegginge ... altyd die blou strikkies van waarheid om
hulle nekke gedra?" (id., p. 147); "Hoe verkwikkend dit ook al vir
moeder en dogter was om in die arms van liefde te val ... tyd, egter,
het die skerp snede van die swaard van skei stomp gevyl en dit minder
gevoelig gemaak." (id., p. 144); "Hulle prikkelende nuuskierigheid om
die groot dorpe en see te sien, was die goue eiers van hulle verwagting
waarin die kuikentjies van verrassing reeds piep." (id., p. 218). Op die
jagveld is die Boesman "vis in die water en stuurman aan die roer van sy
verstand". (_B.-St._ III, p. 47). "Waarom moet ons ons woordeskat gaan
verryk met woorde wat yskoud is en wat met ons geen meegevoel koester
nie?" (_Eerste Skr._, p. 80).
In _Eerste Skrywers_ (p. 125) haal Von Wielligh met instemming 'n
veroordeling van retoriese uitdrukkings aan, maar juis die twee
gewraakte beelde is hy besonder lief voor. In die voorwoord al vertrou
hy dat hy "in die _arms_ van 'n genadige beoordeling sal val" en so is
daar nog baie ander soorte _arms_ in sy werk te vind,[148] terwyl
"Dingaan die _teuels_ van tirannie en dood gevoer het net waarheen hy
wou" (_S. j. M._, p. 11). Von Wielligh is trouens die laaste man, wat
oor retoriese styl moet klaag, want dit sou geen sware taak wees om 'n
paar paginas afgeslyte frases uit sy werk neer te skryf nie. In _Huis en
Veld_ vind ons: "steunpilare van die samelewing" (p. 128), "stortvloed
van trane" (p. 130); "op die louere gaan rus" (p. 177 en 14); "om 'n
luisterend oor te neig aan die sang ... van voëls, wat ... hulle
lieflike akkoorde laat weergalm" (p. 43). In _Eerste Skrywers_: "Toe het
die son van ons nasionale ontwaking ... sy ligdolke in die duisternis
van ons slapende harte ingepriem ..." (p. 103). In _Staan jou Man_: "Dit
het 'n vaste fondament van seltstandigheid onder hulle voete geskuiwe en
die vryheidsvlam in hul harte aangeblaas" (p. 149); "Die nag het met sy
sneeuwit kleed gekom ...; verkwikkende slaap ... het sy sagte ferwele
hand oor die vermoeide ooglede gestryk; die ongestadige weer het sy
septer van gesag aan 'n kalm dag oorhandig" (p. 277). So word soms lang
stukke aanmekaar gelas deur die banaalste beelde,[149] waarvan
_sluier_,[150] _floers, tyd_,[151] _weegskaal_ en _spinnerak_ die
vernaamste is.[152] Wat 'n _floers_ is weet Von Wielligh blykbaar nie,
want hy skryf: "Om die floers van treurigheid te _onderdruk_ staan die
haan ... vlerk klap en kraai ..." (_S. j. M._, p. 240).[153] En hoe mens
se _oogmaat_ jou 'n _sluier voor die oë_ kan _hang_ is ook nie duidelik
nie, (id., p. 5).
'n Totale gemis aan digterlike siening openbaar Von Wielligh in sy
natuurbeskrywing. Hy het ongetwyfeld veel opgemerk en kan ons vertel van
watter bossies skape en bokke die meeste hou. Iemand wat van plan is om
in die Karo te gaan boer, sal heelwat praktiese informasie in _Huis en
Veld_ vind. Maar 'n kunstenaarsblik op die natuur soos die van Malherbe
het Von Wielligh nie. "Bome is hier in oorvloed, ons sien hier die soet
doring, kaffer wag-'n-bietjie, kiepersol, naboom, sekelbos, wilde vy,
waterbessie, wilde sering, vaarlandswilg en nog honderde ander tesame
met soveel soorte bosse." (_H. en V._, p. 155.) So kry ons telkens 'n
dorre opsomming, presies asof dit die jaarverslag van 'n botaniese
vereniging is. Op p. 44 gee hy 'n katalogus van die soorte voëls, op p.
45 en 104 van die veldblomme, op p. 106 van die Karo-plante--"sommige
egter word nie deur vee gevreet nie"![154] 'n Enkele maal tref ons 'n
opmerking, wat van eie siening getuig: "die stoere akkerbome (brei)
hulle arms in alle rigtings (uit) om die kleinere gewasse 'n seën toe te
wens. Aan die stroom swaai die wilg lustig sy groen snoere en speel met
sy swepies in die wind." (_H. en V._, p. 40.) Maar meestal vergenoeg Von
Wielligh hom met 'n verwerking van sy boerekennis, waarin hy af en toe
'n skoolmeesteragtige opmerking vleg om te wys dat hy ook 'n bietjie in
botanie gepeuter 't. "Ja, so noem ons mense dit, maar die plantkundiges
het dit 'n lang, ja 'n beesagtige lang naam gegee van Mesembrianthemum,
wat middagblom beteken." (_H. en V._, p. 104).[155]
Soos iedere boer stel Von Wielligh ook groot belang in die weer. "Kalm
en rustig werp die _goue_ dageraad sy _sombere_ lig oor die vlaktes van
Gwaggas. [Contradictio in terminis. P.C.S.]. Weldra verrys die son; maar
is van sy _oogverblindende_ ligglorie ontroof--die dig gepakte dampkring
het al die sterk uitskietende strale opgesuig. [In Gwaggas was ek nog
nie, maar ek twyfel sterk of die lig van die _opgaande_ son daar direk
"oogverblindend" word. P.C.S.]. Die son lyk nou so groot as 'n wa se
voorwiel (in alledaagse taal). [?? P.C.S.]. Vroeg laat die sonbesies
hulle hoor; die mense voorspel 'n warme dag en spoedig verandering in
die weer." (_Jakob Platjie_, p. 115.) Natuurlik kom daar allerlei soorte
_sluiers_ te pas by sulke beskrywings. "Kyk, hoe pragtig staan elke
bossie onder 'n sluier van allerhande kleure van blomme" (_H. en V._, p.
103); "die appelkoos is oortrek met 'n rooskleurige sluier" (id., p.
40), terwyl "die ruisende melkstroom nog sleg(s) deur die mistige sluier
van die aand sigbaar is." (id., p. 101.)
"Seurtjie, kyk daar steek die dagbreek reeds sy rooi neus agter die
bergkam uit ..." (_H. en V._, p. 38) sê Kammies, en Von Wielligh vind
die beeldspraak so treffend, dat hy dit self gebruik: "Die grou dag
steek spoedig sy droewige wenkbroue agter die bergrand uit...." (id., p.
3). Hoe banaal en konwensioneel is ook die volgende: "Dit was amper,
sononder, net toe die son die weste ligpoorte wou gaan sluit. Alvorens
die gulde deure te grendel, werp die son eers 'n blik terug om te sien
of die Nagwagter met sy vet gesig nog nie deur die oostelike vensters
loer nie. Toe die laaste sonstrale wegsterf en hulle betower en die
liggloed van die omliggende bergtoppe onttrek...." (id., p. 156); "Voor
die vuurstokers van die son nie ekstra brandstof op die sonnehaard plaas
nie om die slapers onder hulle komberse uit te brand...." (id., p.
52.)[156] Dit skyn wel die vernaamste besigheid van die son, want ons
verneem dat "die oprysende son 'n ligstraal deur die skeur van (Soekie)
se venstergordyne (prop) om hom in die gesig wakker te kielie" (_S. j.
M._, p. 119), en Victor "skrik in 'n vaart wakker, een oggend toe die
grou oggendlig die gordyne van sy slaapkamer _aantas_(!)" (id., p. 109).
Ou Kammies sal onder sy kornuite ook seker eer inlê met die volgende:
"Die daeraad steek sy grou sakdoek hoog uit aan die oostekant, asof hy
daarmee in die lug waai...." (id., p. 43).
Nog 'n banale beeld is dat 'n maand of dag _sterf_ en _begrawe word_
(_S. j. M._, p. 99, 277); die jaargetydes of dae is die _jasse_ van die
veld[157] (id., p. 191), terwyl die berge _wit pruike_ dra (id., p. 100
en _H. en V._ p. 101).
"Rapen as kinderhoofies" het Potgieter in sy novelle _Blaauw Bes,
Blaauw Bes!_ "'n ongelukkige vergelyking" genoem, wat mens "van het
kannibalen-maal gruwen doet!" By Von Wielligh gaan "pluimvee,
speenvarkies en lammers", wat so skoon gemaak is as "poedelnakende
babetjies" in "die hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die
snakkende monde"! (_Jakob Platjie_, p. 130-1).
As staaltjies van die onbeholpe uitdrukkingswyse, wat mens so dikwels in
Von Wielligh se werk aantref, kan die volgende dien:
In _Jakob Platjie_: "Dan kom hul luidrugtig in geselsery ... huistoe".
(p. 3); "By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring"
(p. 59); "Hul had dun arms en bene met volwasse buikies, wat nie op
gereëlde voeding kan beslag lê nie ..." (p. 108); "Hul is by
uitnemendheid byejagters, om byneste op te spoor" (p. 112); "Dit was
genoeglike dae van wetenskaplike voedsel vir altwee partye" (p. 211).
In _Huis en Veld_: "Edelmoedig het hulle (die Uitgewers) op die
voorgrond getree om hulle medewerking tot die bloei van 'n eie
Afrikaanse letterkunde geldelik te ondersteun"[158] ('n Woord vooraf);
"Die lug is ... elektries swanger" (p. 154).
In _Eerste Skrywers_: "Dit was die skone ideale en toewyding" (p. 1).
"En dan draai ons 'n sterker soeklig op al hierdie _gesigs_punte in ons
_gesigs_veld om te getuig, nie wat ons _uit_ ander bronne ontleen het
nie, maar waar ons oog- en _oor_getuige van was." (p. 3); "Hulle moes
onder die wapenrusting van geheimhouding van hulle persoon hulle
skuilhou." (p. 6.) "Hiermee word dus 'n maatstaf in die hande van die
beoordelaars geplaas, wat wel in toepassing mag geneem worde ..." (p.
7); "Die skrywer het ... al die westelike distrikte van die Kaap weer
besoek met opmetings van plase" (p. 28); "dan ontruk ons nie _uit_[159]
nie; maar werp juis gemaakte geskiedenis _in_[159] die gapende kake van
die vergetelheid" (p. 47). "Nog minder het iemand getrag om die skone
wêreld, wat medegevoel afdwing met te veel geleerdheid te bederwe" (p.
53); "As 'n skrywer baie met geoefendes (in plat taal) omgegaan het, en
hy self daar nie mis in bedeeld is nie ..." (p. 101); "Hierdie bewering
klop ons op die skouer, eis verdediging om nie abuislike foute te maak
nie" (p. 129).
In _Staan jou Man_: "'n Lusoord van aardse skepping" (p. 3);
"aangematigde skrik" (p. 15); "die liewe brawe koffie" (p. 37); "Sytjie
(was) reeds daar, want sy het die aankoms van haar pleegouers eerder
ontvang as die huismense gedink het" (p. 102)[160]; "Toe word 'n Hof van
Heilige Geloofsgerig aangestel" (p. 150). Wat dit nou eintlik is, sal
Von Wielligh wel alleen weet! "Sy voel gelukkig om spoedig van aardse
smart verlos te wees en te herenig met haar eggenoot ..." (p. 164).
In _Nimrod Seeling_: "twee wakker blou oge wat 'n lig van bewussyn laat
uitstraal het ..." (p. 59); "Hulle toon toe aan dat dié soort lewe, wat
ek verkies, 'n afbrekende eeu is ..." (p. 116).
In _Boesman-Stories_: "Want 'n weerklank klink altyd mooier as die stem
wat dit weerkaats" (I, p. 34); "sy pylkoker val aan stukkies en die pyle
daarin verdor sy in kaf" (I, p. 141); "So gevoel die kinders hul veilig
onder die beskerming van hulle ouers--al groei hulle op omsingel deur en
onder verskeurende ongediertes. Een dag leef hul in oordaad, dae daarna
vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken
net 'n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur
voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie." (III, p. 31); "om dit mooi
te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie" (III,
p. 5); "Watter ander gevolg moet ons hieroor vel ..." (III, p. 105).
In _Diere-Stories_: Outa is "uitgedos in vriendelikheid self ..." (I, p.
9); Die dierestories "verskaf ... sielslewe in die hart van die ou
bokwagter" (I, p. 12); "Toe lag die Voëls nie meer nie; maar sit mekaar
knersend van verontwaardigheid kwaai aan te kyk ..." (I, p. 24).
Oor die algemeen is Von Wielligh se taal suiwer, maar spore van Engelse
invloed kom tog voor.
"Wydbegrippig" (_broad-minded_) (_Eerste Skr._, p. 59); "Koos vra hul
om saam brekfis _te neem_" (_J. P._, p. 70); "'n Korte wandeling gaan
neem" (_H. en V._, p. 34); "Toe die klok twaalfuur slaan, rys die vrinde
..." (id., p. 52); "nukomelinge" (id., p. 174); "Moet tog nie
moeilikhede halfpad gaan ontmoet nie" (_S. j. M._, p. 17); "alles het sy
natuurlike self gebly" (id., p. 39); "'n dood geheim" (id., p. 136);
"die naarste van drome" (id., p. 263); "toe hy so 'n skewe kyk na Kraai
gooi" (_B.-S._ II, p. 4 en 155);[161] "ondergroei" (id., p. 107); "Die
Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem ..." (IV, 121);
"Julle neem dit lekker" (_D. S._ I, p. 43); "Jakhals het uit sy eieself
geweet ..." (id., p. 48); Jakhals vra aan Wolf "hoe 'n tyd hy daarvan
gehad het" (id., p. 61); Wolf vra "in 'n fluister" (id., p. 66); "En jy
meen te vertel die kinders het dit alles opgevreet?" (II., p. 11); Die
kat "pir" (id., p. 19). Ook in _Robinson Crusoë_ is daar voorbeelde van
letterlike vertaling.
Met die voorsetsels raak Von Wielligh soms verward: "met bliksem ...
vergeseld; in vatbare (?) wyse opgestel" (_E. Skr._, p. 32, 120); Die
Boesmans "bedien hul met ribbebene wat hol geslyp is" (_B.-S._ III, p.
20). "Kamma-geleerdes" (_E. Skr._, p. 108) is 'n gelukkige neologisme,
"pou-trots" (_S. j. M._, p. 6) egter nie, en nog minder "posing" (id.,
p. 27). Von Wielligh gebruik ook graag vorme soos: "as komme kan",
"ontvalle", "soude", (_E. Skr._, p. 6, 8, 53). 'n Paar voorbeelde van
verkeerde woordskikking kom voor, o.a.: "Oom Willem word tot kommandant
gekies, omdat hy dapper is en kan in die grootste gevaar sy hoof koel
hou." (_J. P._ p. 151.)
VOETNOTAS:
[102] _Die Brandwag_, Des. 1918, waaraan hierdie lewensskets ontleen is;
1850 is egter verkeerd, vgl. _Eerste Skrywers_, p. 151. In _Die
Huisgenoot_, Nov. 1919 staan 'n uitvoeriger biografie.
[103] Vgl. _Eerste Skrywers_, p. 57.
[104] _Eerste Skrywers_ p. 35.
[105] t.a.p., p. 85.
[106] t.a.p., p. 159.
[107] t.a.p, p. 124.
[108] Vgl. my artiekel oor Letterkundige Kritiek in _Die Huisgenoot_ van
Des. 1920.
[109] Private meedeling van die skrywer.
[110] _Eerste Skrywers_, p. 113. Kursivering van my.
[111] t.a.p., p. 54. Kursivering van my.
[112] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: _De Eerste Afrikaanse Taalbeweging_^1, p.
189.
[113] Vgl. oor "Patterjots" Dr. L. v. Niekerk t.a.p.
[114] _Eerste Skrywers_, p. 101.
[115] Vir hinderlike tussenkoms van die outeur kan ook nog vergelyk word
p. 12, 21.
[116] Vgl. ook nog p. 217 et passim.
[117] Vgl. _Staan jou Man_, p. 88, 143.
[118] _Staan jou Man_, p. 55.
[119] Vgl. ook _Staan jou Man_ p. 47.
[120] Waarom Daan Wiks so lank wag met sy gewigtige getuienis word nie
opgehelder nie.
[121] Ook nog verskillende fuiwe van Hotnots.
[122] Vgl. ook die flou praatjie oor Ester se droefheid, p. 169.
[123] Vgl. Voorwoord.
[124] _Voorberig_ 4de deel. Kursivering van my.
[125] _Voorberig_ 1ste deel. Kursivering van my.
[126] Vgl. o.a. Prof. J.W. Muller se inleiding by sy Reinaert-uitgawe.
[127] Vgl. o.a. p. 93, 22-23, 52, ens. Of daar in _Ghwennie Barnveld_,
'n boek "vir jong meisies" in dié opsig verbetering is, kan ek nie
beoordeel nie, omdat dit na die skrywe van hierdie bespreking verskyn
het.
[128] _Boesman-Stories_ II, p. 194.
[129] Vgl. nog _Eerste Skrywers_, p. 27:
gedruk--gedruk--drukkery--drukpersie; p. 60: "Ons was met ons deurkruis
van ons land ...", ens.
[130] Vgl. o.a. _H. en V._, p. 143: "Al hierdie gebeurtenisse het baie
gevoelig 'n diepe indruk op die Afrikaanse huislike lewe en dinkwyse
gemaak en nagelaat." Lomp is ook: "Hy skuif sy raam op en staan die
heerlike koffie met tyd te geniet, terwyl sy oë 'n blik werp wat buite
in die fris oggendlug plaasvind." (_S. j. M._, p. 119).
[131] Vgl. _Boesman-Stories_ I, p. 55, "'n woelige Gees sonder rus".
[132] Jacob Cats: _Houwelijck_ I, 235.
[133] J. Prinsen: _Handboek tot de Ndlsche Lett. Ges.^2_, p. 335.
[134] G. Kalff: _Ndlsche Dichters der 17de Eeuw_, p. 37 (Cats).
[135] Vgl. Kalff, t.a.p., p. 100.
[136] Kalff: t.a.p., p. 98.
[137] Vgl. in _Glorie Pan_: "Niks op aarde is bestendig nie; alles is
van korte duur nes 'n lappie op die seer vinger van 'n bobbejaan." (_Die
Brandwag_, 10 Des. 1913).
[138] Vgl. ook die onsmaaklike opmerking in _S. j. M._, p. 65: "Ons ou
mense het min van snorbaarde gehou, wat so hinderlik met, soen en
sop-eet geblyk het"!
[139] Vgl. ook die snaakse betoog om te bewys dat _jy, jou_, ens., nie
plat is nie. _Eerste Skr._, p. 97.
[140] _Die Huisgenoot_, Okt. 1921, pag. 247. In Hoofstuk XII van _Eerste
Skr._ behandel hy plat taal en ook in _Die Huisgenoot_ Junie 1921,
Hoofstuk XV van _Ons Geselstaal_. Vgl. die voetnoot van die redaksie oor
wat Von Wielligh onder "plat taal" verstaan.
[141] _Leven van Vondel_, Ndlsche Klassieken, p. 123.
[142] _Eerste Skr._, p. 100.
[143] _Die Huisgenoot_, Okt. 1921, p. 247.
[144] _Eerste Skr._, p. 126.
[145] _H. en V._, p. 15.
[146] _Die Huisgenoot_, Mei 1921, p. 25. _Ons Gesels taal_.
[147] _S. j. M._, p. 133.
[148] Vgl. o.a. _S. j. M._, p. 144, 195, 270, 282; _H. en V._, p. 146;
_N. S._ Voorwoord.
[149] Vgl. b.v. _S. j. M._, p. 191.
[150] O.a. _S. j. M._, p. 213, _H. en V._, p. 123, 67, 86, 101, 130.
[151] O.a. _S. J. M._, p. 167, 143.
[152] Uit _Die Huisgenoot_ van Febr. 1922 blyk dat Von Wielligh nog
lustig op sy "praatmasjien" die ou deuntjies afdraai. Die "spinnerakke"
en die "kloue (wat) nes blinkleerstewels kraak" is daar, terwyl die
katalogus van die verskillende soorte koppies en rante uitgebrei word
deur ... "pramkoppies"! (p. 421).
[153] Vgl. ook _Eerste Skrywers_, p. 49, waar "'n floers van
neerslagtigheid" 'n somber gevoel "verwek".
[154] Vgl. ook nog p. 185.
[155] Vgl. ook p. 104 en p. 109 waar 'n verklaring van 'n
"lugverheffing" gegee word.
[156] Dieselfde beeld kom ook voor in _S. j. M._, pag. 19.
[157] Ook die voëltjies dra "winterjassies", _H. en V._, p. 43.
[158] "Ondersteunen" is waarskynlik 'n drukfout. Die twede "hulle" slaan
op "ondersteuners" in die vorige sin. Vergelyk _S. j. M._, p. 239:
"Rustig verhef hulle die woonhuis ... deur die Trekkers hulle eie hande
opgebou".
[159] Kursivering van Von Wielligh.
[160] Vgl. _N. Seeling_, p. 57: Baie seediere, wat my geheuge ontsnap
het ..."!
[161] _N. S._, p. 50, "afskeidskyk".
HOOFSTUK V.
Romans, Verhale en Sketse.
§ 1. Adv. J.H.H. de Waal.
Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is gebore op 30 Desember 1871 op die plaas
Bakkerskloof, Stellenbosch. Sy vader was boer en handelaar, sy moeder
die oudste suster van "Onse Jan". Aan die Normaal Kollege in Kaapstad
het hy gematrikuleer en daarna was hy 'n tydlank onderwyser o.a. op
Uitenhage en Utrecht. Later het hy 'n betrekking aangeneem in sy vader
se ysterhandel, maar die joernalistiek het hom aangelok en as
voorbereiding vir dié vak het hy regte gaan studeer in Londen, waar hy
aangesluit 't by die Inner Temple en as studievrind o.a. Generaal Jan
Smuts had. Nadat hy in besonder kort tyd sy wetseksamens afgelê het,
tree hy in die huwelik met Emma de Kock (1898) en woon vir ses jaar in
dieselfde huis as "Onse Jan", vir wie hy as "luitenant" dien.
In Julie 1903 word hy redakteur van die tydskrif, _De Goede Hoop_,
waarin _Stompies, Johannes van Wyk_ en _Die Twede Grieta_ verskyn het.
"Sy bedoeling met daardie geskrifte was om die jong lesers soveel
moontlik met leesstof in populêre skryftrant te voorsien, en wel in die
taal wat hy van jongsaf voorgestaan het--Afrikaans."[162]
Op sy kantoor is op 5 Oktober 1906 die Afrikaanse Taal Vereniging
ontstaan. Aan sy inisiatief is die erkenning van ons taal in die Kaapse
geregshowe te danke.[163] In Des. 1914 het hy afgetree as redakteur van
_De Goede Hoop_, as gevolg van 'n wryving met die uitgewers oor
politieke kwessies. Onder die _nom de plume_, _Jan van Rozenburg_ had hy
naamlik Generaal Hertzog se politiek verdedig by die kabinetskriesis in
1912. Nederland het sy dienste as voorvegter vir ons taalregte erken
deur sy benoeming tot lid van die Leidsche Maatschappij. Op die oomblik
is hy lid van die volksraad vir Piketberg en een van die voormanne van
die Nasionale Party in die Kaapprovinsie.
Johannes van Wyk, (1906).[164]
Johannes van Wijk is 'n jongeling van edel inbors, wat deur sy
onbesproke gedrag, hoflike maniere en fyn beskawing die gunsteling van
die Kaapse samelewing word. Dit wek die jaloesie en haat op van sy neef,
Gert Rass, wat besluit om sy ondergang te bewerk. 'n Plan om Johannes
deur die Boesmans te laat doodmaak misluk. Gert word egter tot nuwe
wraakplanne geprikkel deur die feit, dat Hester Linde aan Johannes die
voorkeur gee. Deur vervalsing van 'n brief slaag hy daarin om Johannes
op 'n aanklag van hoogverraad teen die Goewerneur, Adriaan van der Stel,
in die gevangenis te kry. Johannes ontsnap, word deur Gert en sy
handlangers agterna gesit, maar vind eindelik onder die naam Koos Emmert
'n skuilplaas by 'n boer, Pierre de Villiers aan wie hy hom as kneg
verhuur. Hier raak hy weer deurmekaar met die Boesmans, maar word op die
laaste tippie deur sy vrinde, Malherbe en Joosten, gered. Intussen het
die goewerneur sy ontslag gekry en hoef Johannes nie meer as droster te
lewe nie. Gert drink 'n vergiftigde kelkie wyn, wat hy vir Johannes
bestem had en sterf. Met 'n driedubbele huwelik eindig die verhaal.
_Johannes van Wyk_ het oorspronklik in _De Goede Hoop_ verskyn, die
eerste hoofstuk in Jan. 1904. Die skrywer verklaar self, dat die
ontstaan van die roman te danke is aan sy betrekking as redakteur van
die blad.[165] De Waal het skrywer geword, nie deur 'n innerlike
skeppingsdrang nie, maar deur die dwingende mag van omstandighede.
Toevallig het 'n yweraar en hartstogtelike voorstander van die lang
geminagte volkstaal die middel in die hand gekry om aan verstokte
teëstanders te wys, dat in dié taal 'n roman kon geskrywe word. Eers
probeer hy om deur uitlowing van 'n honorarium die skryflus van sy
lesers op te wek, maar die resultaat was teleurstellend; al die stukke
moes in die snippermand. Aangemoedig deur die sukses van sy toneelspel
_Angelina_ het De Waal toe besluit om self 'n roman te skrywe. Met sy
nugter verstand het hy 'n reeks toneeltjies op kunsmatige wyse inmekaar
gepas en die resultaat was 'n leesbare roman, wat veral die jongeliede,
vir wie _De Goede Hoop_ in die eerste plaas eintlik bedoel was met
groot spanning gevolg het. Ons staan hier voor 'n gewigtige
kultuurgebeurtenis. Dit naamlik: _in 1904 het die eerste Afrikaanse
roman van die Twede Beweging verskyn_.[166]
Die skrywe van _Johannes van Wyk_ was 'n daad van betekenis. Na al die
gekibbel 'n _daad_. En 'n daad, wat vir meer as een die oë laat oopgaan
het. Vir lange jare had die teëstanders van Afrikaans met triomfantlike
gebaar hul onweerlegbare stelling opgedreun: "Het Afrikaans heeft geen
letterkunde!" De Waal se antwoord was: _Johannes van Wyk_. "Die eerste
oplaag het bestaan uit 500 eksemplare, en die drukkerskoste was toe
slegs een-sesde van wat dit vandag vir so 'n aantal sou wees. Tog is ek
destyds gelukgewens geword met my moed dat ek dit gewaag het om 'n boek
in Afrikaans uit te bring."[167] Vir die voorstanders van Afrikaans was
_J. v. W._ dan ook 'n welkome bondgenoot. Die Afrikaanse Taalgenootskap
in Pretoria het onmiddellik 'n beroep gedoen op alle Afrikaners om dit
te lees, en die meeste krante het dit warm aanbeveel.
By die beoordeling van _J. v. W._ moet veral rekening gehou word met die
omstandighede waaronder dit ontstaan het. Maar sedert die eerste uitgawe
het nou byna twintig jaar verloop. De Waal het dit herhaaldelik omgewerk
en in 1921 het reeds die vyfde druk verskyn, veral omdat dit vir drie
publieke eksamens tegelyk voorgeskrywe was.[168] Noudat die taalstryd
verby is moet ook die literêre waarde van _J. v. W._ bepaal word. Omdat
egter in bou en opset _Die Twede Grieta_ soveel ooreenkoms daarmee
vertoon, kan die twee romans tegelyk bespreek word.
Die Twede Grieta
is die dogter, van Johan Conradie, wat kort na haar geboorte, waarby
haar moeder sterf, uit die huis van haar vader gesteel word en in Natal
as Miss Grace Palmer opgroei. Andries Burger, pleegsoon van Conradie,
loop saam met sy vrind, Bertie Muller, van die S.A. Kollege weg aan die
begin van die Anglo-Boere-oorlog en hul sluit by die republikeinse leërs
aan. Phineas Marais, stiefbroer van die "eerste" Grieta, Conradie se
oorlede vrou, is die sondebok van die roman. Hy verlaat die Teologiese
Kweekskool op Stellenbosch na die dood van sy vader, wat 'n groot
erfenis nalaat, word 'n geldwolf, loop in die oorlog oor na die Engelse
en vervolg Andries en Bertie, vir wie Hester Fourie, sy verloofde
afgewys het as doodsvyande. Andries en Bertie beleef die wonderlikste
awonture in die oorlog. Andries red Grace uit die hande van Kaffers, en
Bertie word verpleeg deur Hester. Na die oorlog ontdek Conradie dat
Grace Palmer sy doodgewaande dogter is, 'n feit wat Phineas se
roofproses teen hom in duie laat val. Presies soos Johannes van Wyk
eindig die verhaal met 'n driedubbele huwelik. Andries trou met die
twede Grieta, Bertie met Hester en selfs Conradie slaag daarin om "'n
sagsinnige liewe vroutjie van ag-en-twintig jaar" raak te loop, terwyl
Phineas na Engeland vertrek om die reputasie van S. Afrika daar te
verbeter.
Ook die _Twede Grieta_ het in _De Goede Hoop_ verskyn, vanaf Jan. 1912.
* * * * *
"Het grondplan van de meeste Scottsche romans is: de held trekt de
wereld in, beleeft komische of tragische avonturen en sluit in het eind
zijn bruid in de armen. Dit geldt voor Waverley, Old Mortality, Abbot,
Fortunes of Nigel, Peveril of the Peak, Quentin Durward, Rob Roy en meer
andere; de avonturen zijn meestal die van den oorlog en van de politiek
... En naast dit hoofdtype spreekt dikwijls de sensatieroman van
Radcliffe in de geheimzinnige verwikkelingen, het duistere mysterie, dat
den lezer tot het eind in spanning houdt."[169]
In hoofsaak pas hierdie karakteristiek ook op die twee romans van De
Waal. Dit word begryplik as ons lees, wat hy self omtrent die ontstaan
van _Joh. Van Wyk_ meedeel:[170] "Ek het tevore (d.w.s. vóór die skrywe
van _J. v. W._) maar min romans gelees--net die van Van Lennep, Victor
Hugo en 'n halfdosyn ander ..." Van Lennep herken ons dan ook dadelik in
De Waal se romans en aangesien Van Lennep al sy slim draaitjies van
Walter Scott geleer 't, het ons hier te doen met 'n navolging uit die
twede hand.[171]
Aan 'n goeie historiese roman kan die volgende eis gestel word: "Hij
make gansch een tijdperk uit het verleden weer levend, in den vollen
rijkdom van al wat er in omging, idealen en vooroordelen, zeden en
gebruiken; hij geve voor een oogenblik de illusie, dat we tijdgenooten
zijn van een voorbijgegaan leven, van een vergeten beschaving."[172] So
iets eis natuurlik diepgaande historiese studie en nog veel meer. "Het
is een gave van het genie, het algemeen menschelijke, het grootsche en
geweldige, zoowel als de teerste gevoelstrillingen in de tragédie
humaine onder welke vormen, in welke tijden ook, te voelen, te zien, te
grijpen en uit te beelden met middelen die altijd treffen, die altijd
leven van innerlijke waarheid."[173] Die historiese romanskrywer moet,
soos Victor Hugo van Scott gesê het, wees: "'n buigzame solide geest,
die in zich opneemt als weeke was het cachet van iedere eeuw en van
ieder land en dezen indruk voor de nakomelingschap bewaart als
onvernielbaar brons.[174]
Nou ontstaan die vraag: In hoeverre het _Johannes van Wyk_ reg op die
naam historiese roman? Walter Scott maak gebruik van 'n spannende
intriege om sy historiese stof kleur en lewe te gee. Daar is 'n sterk
didaktiese element in sy werk: "het aanbrengen van historiekennis, niet
zoo zeer tot leering en waarschuwing voor toekomstige geslachten als wel
uitsluitend om het hebben van die kennis zelve, het wekken van liefde en
belangstelling voor het verleden. Die tendenz spreekt duidelijk uit de
lange inleidingen, de geleerde noten bij den tekst, de ophelderingen en
citaten aan het slot, de historische uitweidingen in de romans
zelve."[175]
In _Joh. van Wyk_ is egter die _intriege hoofsaak_. Die historiese
agtergrond word gebruik alleen om die leser die illusie van werklikheid
te gee. Daarvoor het De Waal 'n besonder awontuurlike tydperk uit die
vroegste geskiedenis van die Kaap gekies, waarin hy sy karakters die
wildste kaskenades kon laat uitvoer, sonder om die skyn van waarheid
prys te gee.
Pas in 1911 is die dagboek van Adam Tas ontdek op die Kaapse Biblioteek
en in 1914 het Dr. Leo Fouché dit uitgegee. Die aantekeninge van Adam
Tas stel ons in staat om diep in te dring in die Kaapse toestande
gedurende die stryd van die boere teen W.A. van der Stel. Op vertroulike
manier deel Tas allerlei klein feitjies mee, met behulp waarvan 'n
romanskrywer sonder veel moeite 'n kleurryke beeld kan skilder van die
boerelewe aan die begin van die 18de eeu. In 1904 het De Waal natuurlik
nie die dagboek tot sy beskikking gehad nie, maar selfs na 1911 het hy
skynbaar geen aandag geskenk aan die nuwe gegewens, met die gevolg dat
sy uitbeelding van die historiese persone en toestande vaag en soms
heeltemal onjuis is. Selfs die dokumente wat reeds in 1904 beskikbaar
was,[176] het De Waal nie geraadpleeg nie, want die historiese vernis,
wat op _J. v. W._ lê, is _baie dun_. Die feite wat die outeur verwerk,
kon hy uit die eerste die beste skoolhandboekie gehaal het. Hy doen
hoegenaamd geen poging om deur te dring tot die psiege van die manne,
wat in die worsteling teen Adriaan van der Stel die eerste saadjies van
ons nasionale bewussyn gesaai het nie. "Adam Tas en de mannen van 1705,
die de rechten en voorrechten der kolonisten zo onmiskenbaar
geformuleerd en zo dapper gehandhaafd hebben, mogen ... met recht
genoemd worden de grondleggers van ons politieke zelfbewustzijn."[177]
Wat vertel De Waal ons van die manne? Hulle was "_almal welopgevoede,
knap boere, hoog aangeskrywe in die samelewing"_.[178] Henning Huising
het _"die rykste man aan die Kaap geword deur 'n monopolie_". En die
arme drommels is so onversigtig om by 'n "_effe opgeskuifde raam_",
waarvoor "_net 'n dun wit gordyntjie_" hang "_op nie 'n alte sagte
toon_" 'n gesprek te voer sodat Johannes _elke woord_ kon opvang! En dit
terwyl daar sulke mense soos Piet Rob was, van wie Tas verhaal: "Mij is
vertelt als dat de noordse Piet Rob deese morgen met zijn Paarde wagen
na Hottentots Holland is gereeden, die Schoft heeft welligt op deese
Lichtmis dag weder wat aan te brengen, want het een zeekere zaak is dat
die vent 't verklikkers ambagt sterk oeffent, dan hij staat er
mettertijd voor beloont te werden....[179] Selfs die gewigtige dokument
teen die goewerneur lê oop op die skryftafel! En dis die manne, wat flou
grappies maak met Starrenburg, die vent wat hul soos die pes gehaat 't,
en van wie Tas in sy dagboek praat as "de schoft Landdrost,[180]
Landdrost Beelzebub,[181] schofagtigen roffiaan".[182] Set maar 'n paar
sinnetjies uit Tas se dagboek naas die floue geteem, wat De Waal hom in
die mond lê en dan voel iedereen direk hoe onwaar, hoe absoluut vals die
uitbeelding in _J. v. W._ is. Op Van der Bijl se raad om die dokumente
teen die goewerneur liewer stukkend te skeur antwoord Tas: "Ag", sê Tas
spottend, "lelik in die pekel bring! Wat is daar op stuk van sake, om te
vrees? In g'n een van die ag-en-dertig beskuldigings teen die Goewerneur
kom daar 'n sweem van sediesie voor nie...."[183] Vergelyk hiermee wat
Tas in sy dagboek onder datum 28 Des. 1705 aanteken: "... immers zoude
die eervergeeten vend (A. v.d. Stel) ons gaarne van kant helpen zoo 't
hem anders doenlijk was, die vervloekte Tyran heeft de Ingeseetenen
zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en geplukt, dat ze
bijna baloorig zijn geworden, nu soekt die onbeschaamden schendbrok de
schuld van zijn hals af te schuiven en mannen van eeren op dusdanigen
manier een smette aan te wrijven. O Tijden! O Zeden! dog de regtvaardige
God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bazen kop doen nederdaalen
en niet toelaaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden."[184] In die
paar sinne voel ons die woes-laaiende passie van 'n man, wat veel gely
't. Dis glad 'n ander kêrel dan die Tas, wat De Waal so kalmpies laat
redeneer oor die Goewerneur wat "ons planne mag dwarsboom".[185]
Op pagina 186 word ons meegedeel, dat die goewerneur die volgende
persone gevange geneem 't: Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden,
Pieter van der Bijl en Henning Huising. Op die volgende pagina begin
Hoofstuk XXX met die woorde: "Op las van die Goewerneur en sy raad ...
is Pieter van der Bijl, Henning Huising _en die twee ander_ op 'n skip
wat op weg was na Amsterdam, gesit...." Wie is die _twee ander_? Uit die
verband kan ons alleen tot die gevolgtrekking kom, dat De Waal Pretorius
en Van der Heiden bedoel. Maar wat hy daarop laat volg is in stryd
hiermee, want ons verneem, dat Van der Heiden in die Kaapse tronk bly.
Hier bestaan dus duisterheid in die voorstelling.[186] Die historiese
waarheid is, dat Henning Huising, Pieter van der Bijl, Ferdinand Appel
en Jan van Meerland na Holland gestuur is om voor die Here XVII te
verskyn.[187] Dat àl die gevangene, met uitsondering van Tas en
Louw[188] die goewerneur om vergifnis gevra het, is ook in stryd met die
historiese feite. Zevenhoven b.v. kon die landdrost met al sy
dreigemente nie klein kry nie, en toe die raadslid Brommert hom aanraai:
"Ga bij den Goeverneur en bid hem om vergiffenisse" was sy manlike
antwoord: "Dat kan ik niet doen, ik hebbe de waarheid gezegd.... Is dit
naer recht handelen? 't Lijkt beter naer Inquisitie."[189]
Op pagina 186 kom daar nog 'n onjuiste bewering voor: ".... Willempie
het aan die kêrels te kenne gegee dat, as hulle die waarheid van die
klagtes wil ontken, hy hulle sal laat loop; maar _die laaste een het
geweier."_ Fouché egter beweer: "Enkelen werden reeds bij het eerste
verhoor door de dreigementen van Starrenburg zo bang voor "de scherpere
middelen" die hen wachtten, dat zij alles deden, wat hun gevraagd
werd."[190] Ook die spesiale pluimpie wat De Waal aan Tas gee, kan die
leser onder 'n verkeerde indruk bring. "Na zijn gevangenneming gedraagt
hij (d.i. Tas) zich niet met de standvastigheid, die velen van zijn
minder begaafde broeders tonen.[191]
Ook _Die Twede Grieta_ noem die outeur "'n historiese roman", maar weer
is hier die intriege hoofsaak en staan die geskiedkundige gedeeltes
meestal geheel los, nes hoofstukke wat gelig is uit 'n historiese
handboek. In Hoofstuk II b.v. gee die skrywer op p. 52-62[192] 'n skets
van die Engelse anneksasie-politiek. Op p. 159-163 word die oorgawe van
Cronjé beskrywe; op p. 290-295 vind ons militêre beskouings en selfs die
vernaamste punte van die vredesverdrag van Vereniging. Waarskynlik het
De Waal met hierdie opsetlike byvoegsels die bedoeling gehad om sy jong
lesers op aangename wyse 'n les in vaderlandse geskiedenis te gee, wat
hulle in 1912 erg nodig had, want dit is bekend, dat die onderwys in dié
vak veel te wense oorgelaat 't en dat selfs vandag nog die waarheid op
allerlei wyse verdraai word. Die didaktiese element is dan 'n welbewuste
poging van 'n patriotiese skrywer om die anti-nasionale onderwyspolitiek
van die Engelse oorwinnaar teë te werk. Hier het ons dus 'n voorbeeld
van die wyse waarop die politieke toestand na die oorlog invloed
uitgeoefen het op die letterkunde.
Dat die skrywer alleen deur 'n dorre betoog die nodige atmosfeer vir sy
verhaal kan skep is 'n teken van swakheid. So kry ons geen begrip van
die dramatiek van die worsteling nie. "De moderne historische romankunst
veronderstelt, dat ge uw historie kent en dat een enkele toespeling
genoeg is, om u in den tijd te verplaatsen en wie ze niet kent, moet aan
die enkele toespeling maar genoeg hebben om zich het noodige decor te
fantaseeren."[193] Die historiese verhoudinge moet ons voel "als een
vanzelf sprekende bijzaak". Die doel moet wees om ons die reële lewe te
laat meelewe, "gezien in zijn algemeene menschelijkheid door een
modernen mensch en kunstenaar...."[194] Die moderne historiese roman is
"een roman als elke andere, een greep uit het leven, het algemeen
menschelijke in schoonheid gezien en uitgebeeld, om esthetische motieven
gedacht en gevoeld in oude tijden en verhoudingen. De historische
romanschrijver is niet langer de soms weerspannige slaaf der historie;
de historie is zijn dienares geworden, die onderdanig en hulpvaardig,
zich op den achtergrond houdend, aanbrengt, wat tot kennis van de
economische, sociale, maatschappelijke toestanden, waarin de helden van
's kunstenaars verbeelding leven ter beschikking moet zijn."[195]
De Waal staan dus nog heeltemal op die ou standpunt en dit spreek
vanself, dat vir ons jongere, wat die moderne opvatting ken en waardeer,
sy historiese uitweidings die eenheid van sy romans hinderlik verstoor.
Die ware kunstenaar laat ons deur middel van die ervarings van sy
persone, deur die uitbeelding van hul sielelewe voel, wat daar omgegaan
het in die hart van die volk gedurende 'n seker tydperk. In Hoofstuk
VIII slaag De Waal dan ook uitstekend daarin om ons deur middel van 'n
samespraak tussen Bertie Muller en Kaptein Glide 'n stukkie
oorlogspsigologie te gee. Maar meestal bly die intriege hoofsaak en is
die oorlog 'n handige raam waarop die outeur oneindige awonture borduur.
Dit was dan ook volstrek nie sy bedoeling om die innerlike roersels van
die volksiel gedurende die wanhopige worsteling uit te beeld nie.
Presies soos by _Johannes van Wyk_ het hy 'n periode uit die geskiedenis
geneem, waarin hy sy persone die bontste awonture kon laat beleef en tog
'n glimp van waarheid behou.
De Waal se twee werke is geen historiese romans nie, maar wel
_intriegeromans_, presies soos die van sy leermeester, Jacob van Lennep.
J.H. van den Bosch het op voortreflike wyse hierdie soort roman
geskets[196]: "De stof der kunst is het karakteristieke en typische in
zijn steeds nieuwe verwerkelijking. Als voortbrengsel der phantazie,
behoort tot de kunst ook de reproductie van het toevallig-uiterlijke.
Niet echter tot de beste. Het toevallige is niet noodwendig, het is waar
noch onwaar. Tijdelijk mag het behagen, misschien door nieuwheid en
gloed, voor een oogenblik spannen door vreemde ongewoonheid--weldra is
het achter de bank geworpen en verouderd; de onverschilligheid der
nakomelingschap velt er een zwijgend maar welsprekend vonnis over. Wil
het eeuwig leven als de natuur, dan moet het kunstwerk--zelve Eeuwige
natuur zijn, typisch en voleindigd.
De Intrigeroman als zoodanig, niet kind van rijpe ervaring ... kind van
één dag daarentegen is bestemd om op denzelfden dag te sterven. Het is de
roman der willekeur, wier type men in den Graaf de Monte Christo heeft
leeren kennen. De intrigekunstenaar (al is zijn gave benijdenswaardig)
geeft ons geen werkelijkheid, niet de wereld vol karakter rondom ons te
aanschouwen,--het is de droomwereld eener spelende phantazie. Zijn helden
zijn marionetten, hij de man in de poppekast. Het is de roman der
oppervlakkigheid, zonder diepte van leven, zonder inwendigen samenhang. In
de mysterieuze natuur is ook alles bont en willekeurig dooreen-geworpen,
als in een uitdragerswinkel;--voor oppervlakkige blikken: want in de
diepte is alles één. Het is kunst zonder waarheid, zonder wijsheid, geest
en beteekenis, omdat het kunst zonder idee is."[197]
Ook De Waal se helde is marionette, aangeklede poppe, waarby die
awontuur alle psigologie verdring. "Scherp getrokken is de lijn tussen
deugd en boosheid. Hier ontwikkelen zich dan ook geen karakters; hier
wordt ook geen moeite gedaan, om uit elk, overigens zo wonderlik
samengesteld menselik hart, te halen, wat er, onder de werking van
allerlei samenlopende of elkander strijdige invloeden, uit te halen is;
verre van daar; onder al het levendig bedrijf, speelt ieder zijn hem
toebedeelde rol op de meest passieve wijze; ieder van zijn kreaturen is
gewaarmerkt tot een vast en onmiddellik te herkennen tiepe...."[198] Die
enigste ontwikkeling, wat daar by De Waal se hoofkarakters te bespeur
is, bestaan daarin dat die oorspronklike eienskap waarmee hy hul bedeel
het, hoe langer hoe sterker word. Sy helde word al dapperder, sodat
hulle in die laaste hoofstuk _Uebermenschen_ is, sy skurke al hoe
swarter, totdat hul die baarlike duiwel in persoon word. Hy bedenk
allerlei middeltjies, wat daarop bereken is om ons bewondering vir sy
held te laat styg, of ons veragting vir sy skurke te vergroot.
Johannes van Wyk bied homself as vrywilliger aan teen die Boesmans; hy
is vergewingsgesind teen Gert en verpleeg hom as hy gewond is; hy red
Hester Linde op besonder dapper wyse; as hy Gert heeltemal in sy mag
het, neem hy geen wraak nie, maar wil alles vergeef; selfs Gert prys sy
saggeaardheid: "As 'n vlieg in sy karringmelk val, dan red hy dit!"[199]
Hy gee twintig guldens aan ou Fekkie; "die gebrek aan intellektuele
geselskap het hy geweldig gevoel"[200] op die plaas by Villiers; van
Fritz Köhler wil hy nie skinder nie; en as Gert sterf, dan voel Johannes
"weer die kinderlike, broederlike liefde van jonger jare opstyg in
hom".[201] Voorwaar, 'n voorbeeldige jong kêrel! 'n Tugendheld!
So ook Andries Burger. Hy is wel 'n bietjie koppig op skool, maar De
Waal laat ons goed voel, dat dit eintlik 'n goeie eienskap is, wat net
pedagogiese leiding nodig het. As Andries dan ook Perold se skool
deurloop het, word hy 'n tiepe van die nasionale student. Hy wil nie
eers met sulke "rou rooi" dametjies, soos Grace Palmer praat nie, en die
koppigheid van die kind moet ons bewonder, omdat 't die onversetlike
wilskrag van die jongeling verklaar, wat teen die wens van sy pleegvader
en professor tog oorlog-toe gaan. Andries is ook 'n sportsman van die
eerste water; hy weier om met sy beste vrind 'n dop te gaan steek en
verwyt hom ernstig sy losbandigheid en gebrek aan nasionale sin. Bertie
se swakheid moet dien om ons 'n hoër dunk van Andries te gee. In die
oorlog word Andries so gou gebrei, dat, "hy amper enigiets sou
waag".[202] Hy maak 'n stoutmoedige aanbod aan Generaal De Wet (p. 159)
en as verkenner is hy die dapperheid in persoon, wat altyd die vyand
baas raak. Op 'n koppie red hy Bertie, neem drie National Scouts gevange
en skiet een dood. Sy gewonde vrind verpleeg hy met die grootste
selfopoffering (p. 206). Phineas voel "glad ongerus in Utrecht" as hy
hoor, dat daardie waagduiwel ... in die rondte swerf as verkenner"[203]
en al is hy ook nie vandag se kind nie, waar dit op geslepenheid aankom,
moet hy telkens erken, dat Andries hom uitoorlê. Andries kry altyd die
mooi rol; hy red Grace van die Kaffers, bring haar in veiligheid en
voorsien haar van geld; hy maak die geld buit, wat Phineas en Loogman
van die weduwee afgeneem het en stuur dit aan haar terug met De Jager.
As Genl. De Wet 'n skitterende oorwinning behaal, dan is Andries
daarby.[204] As veldkornet Potgieter in die nood raak, dan is 't
Andries, wat hom raad gee[205], en met die hulp van twee vrinde bestook
hy die Engelse uit 'n voordelige posiesie sodat die kommando ontsnap en
die vyand groot verliese ly. Maar Andries is nie alleen 'n onverskrokke
krygsman en verkenner nie, hy kan ook 'n mooi gedig maak en behaal selfs
'n prys daarmee.[206] As die vrede gesluit word, dan hoor ons: "niemand
het die prysgee van die duurgekogte onafhanklikheid van die Transvaal
dieper ter harte geneem nie as die jong hooghartige Andries."[207]
By die tekening van sy skurke gaan De Waal presies op dieselfde wyse te
werk. Die een laag swartsel na, die ander smeer hy op.
Gert Rass steel blomme, bring Johannes daardeur in die moeilikheid, val
hom aan met 'n karwats en wil hom verwurg; hy stook Abram op om Johannes
deur die Boesmans te laat vermoor; wil die laken nie opsteek om Johannes
te red nie, en het selfs minder gevoel vir sy neef dan die Boesman,
Abram; jak Johannes af, wat hom verpleeg 't en laat sy ouers onder die
indruk kom, dat sy neef hom gewond 't; aan Klaartjie vertel hy kluitjies
oor sy neef; op die basaar fop hy met sy nommer, beskinder Joosten en
beroof hom van sy "violet"; hy laat 'n vervalste brief in Johannes se
sak stop om hom van hoogverraad beskuldig te kry; is dadelik gereed om
sy ontsnapte neef te agtervolg en wil hom koelbloedig doodskiet; bedreig
Hester Linde met 'n pistool, lieg as hy in die moeilikheid raak, en
huigel vrindskap vir Johannes om hom te kan vergiftig. Gert word só
gevaarlik in sy duiwelagtige haat, dat De Waal verplig is om hom op te
ruim voor hy Johannes en sy vrinde kan beloon vir hul deug.[208]
Phineas Marais, die eks-teoloog is ook 'n monster, wat al monsteragtiger
word. Sy huigelary word hoe langer hoe geraffineerder, en om die
bewondering vir Andries des te hoër te laat styg word sy teëstander al
hoe gewikster in Fariseïese listigheid. Hy moet deur sy verraad en
geldsug die nodige verwikkelinge skep, sodat Andries 'n kans kan kry om
sy edelmoedigheid en onverskrokkenheid aan die dag te lê. Die laagheid
van Phineas is die terrein waarop die patriot Andries, _le chevalier
sans peur et sans reproche_ steeds met sukses opereer. Andries is
dwarsdeur die roman die lieweling van die outeur, orals word hy
verheerlik, orals word die pad vir hom skoongemaak.
Op De Waal pas dan ook uitstekend die volgende verklaring van M.H. van
Campen: "Twee eigenaardigheden hebben alle pseudo-menschscheppers
gemeen, ten eerste: het verzoeten hunner nobele figuren tot dupen en
engelen--welke twee begrippen, als men de gewikstheid der duivelen
daarbij in aanmerking neemt, vrij wel elkander dekken!--; zij doen dit
zuiver instinctmatig, of wel: een onduidelijk bewustzijn van hun
onvermogen, in de menschschepping de aesthetische schoonheid te
bereiken, doet hen streven naar de ethische, welk streven tevens tot
gevolg heeft dat zij hun ignobele schepselen zoo zwart maken als de
satan zelf is, daardoor wordt de ethische schoonheid langs een omweg
bereikt: de lezer voelt, hoe boos de auteur op zijn figuur, hoe
verontwaardigd hij is, het ethisch schoon bevindt zich dus in den
auteur-zelf! En als het tweede dezer eigenaardigheden moet genoemd, dat
de pseudo-menschschepper, hetzij min of meer bewust van zijn onvermogen
als zoodanig, hetzij zelfs geheel onbewust daarvan en instinctief, de
menschbeelding op het zooveelste plan doet terugwijken en het bijwerk
brengt op het allereerste: het bijwerk van de "intrigue", van de taal,
van de natuurbeschrijving, het bijwerk van alles en nog wat. Schiep de
Heer in zes dagen heel de wereld en één menschenpaar, zij besteden dunkt
mij, volle zes dagen aan het scheppen eener menschenlóóze wereld en
stelen vijf minuten van den sabbath, om honderd menschen te maken! Die
menschen zijn er dan ook naar ...--"[209] Alleen die volgende reserwe
moet ek maak: wat bywerk van taal en natuurbeskrywing betref, is daar by
De Waal geen sprake nie--hy vertrou enkel op 'n spannende intriege en 'n
historiese versiering om sy verhaal leesbaar te maak--wat later bewys
word.
Hoe dat by De Waal alles afhang van die grillige toeval blyk uit die
verlowing van Hester Fourie en Bertie. Hester sê Phineas af, nie as
gevolg van 'n geweldige sielekonflik nie, waarin haar patriotisme en
liefde in botsing kom. Tot op die laaste behou sy haar naïewe geloof in
sy opregtheid, ja verneder haarself voor haar veragtelike aanbidder: "Ek
weet, dat jy my sal beskou as 'n bedriegster, 'n valse skepsel ... Ek
weet dat jy die naam van Hester Fourie sal verag, sal verfoei, sal wil
uitdelg uit jou geheue, ...[210]. Sy is selfs gewillig om Phineas te
trou al was hy ook "handsupper"--eenvoudig omdat haar eie pa ook sy
nasie verraai het--'n rede wat psigologies absoluut vals is, omdat juis
die skrynende pyn daardeur veroorsaak, haar die verlore ideaal des te
inniger sal laat koester en haar verlange om dit in die minnaar terug te
vind oneindig versterk. "Pa het my diep teleurgestel, maar Phineas sal
sy man staan--_hy_ sal aan sy volk getrou bly", so sou die _vrou_ Hester
geredeneer het, die vrou wat geloof het dat hy 'n volksleier behoort te
word![211] As De Waal wou gehad 't, dat ons Hester Fourie moet bewonder
as 'n fiere dogter van die Vrystaat, dan moes hy die bitter kneusing van
haar meisieshart uitgebeeld 't by die oorlopery van haar vader en
minnaar, die wondere, geheimnisvolle rypwording van haar kinderliefde
vir Bertie en haar langsame bewuswording van die feit, dat haar gevoel
vir Phineas 'n vergissing was. Maar in die roman gehoorsaam sy aan "'n
onverklaarbare, waarskuwende stem ... 'n instink wat na geen menslike
raad wou luister nie",[212] terwyl sy tog héél goed =weet=, dat Bertie
die plaas van Phineas in haar hart ingeneem 't. Of het Phineas haar ook
leer huigel?
Haar liefde vir Bertie is nie 'n allesbeheersende, allesoorwinnende
passie nie, wat haar met dwingende mag na die geliefde dryf, maar haar
lot word beslis deur die absoluut _toevallige_ ontdekking van Nurse
Nellie. Haar lewe is nie die langsame ontplooiing uit 'n innerlike
drang, wat onverbiddelik dryf na die vervulling van 'n eie
sielsgeaardheid nie, omdat die skrywer _nog nooit_ geloop 't op die
slingerpaadjies, wat soos 'n wirrel-warrel-vlegwerk uitgesprei lê oor
die groot wonderland--_das Ewig-Weibliche_.
Die _blinde_ toeval! In _Johannes van Wyk_ het die nommertrekkery op
die basaar 'n beslissende invloed op die lewensgeluk van ses persone. En
as Johannes sy kans laat glip, dan speel dieselfde _blinde_ toeval hom
die meisie nogeens in die hand, dan kry hy 'n geleentheid om Hester te
red en verseker die flink optrede van sy vrinde hom 'n ongestoorde
wandeling met haar. By die eetmaal is dit wéér die _blinde_ toeval, wat
hom 'n sitplaas naas Hester gee; wat die kaptein en kolonel met
plotselinge doofheid slaan, sodat hy sy geheimpies uitvoerig aan haar
kan vertel. Voorwaar, Johannes laat ons dink aan Van Lennep se motto by
_De Roos van Dekama_. Hy is die man wat: _"wacht en stille sitt"_ en tog
alles kry, terwyl Gert met al sy slim planne homself in die ongeluk
stort.
Joosten, vir wie Fritz Köhler, "g'n enkele keer die kans wou gee
nie"[213] om met Jeanette te praat nie, word ook deur die _blinde_
toeval gehelp--anders was hy vandag seker nog ongetroud!
En Grace Palmer? Haar huwelik is afhanklik van die toevallige
ontdekking, dat sy die Twede Grieta is. Sy self gee drie redes op,
waarom 'n huwelik met Andries onmoontlik is.[214] "De Intrigeroman kan
alles bewijzen. Hij is een droom; de natuurwet is er buiten dienst
gesteld."[215] Om dié rede behoef dit dan ook geen verbasing te wek nie,
dat daar nog 'n hele reeks onwaarskynlikhede in die twee romans te vind
is, o.a. die verdwyning van Grieta, die onvoldoende motivering van die
haat tussen Andries en Phineas en veral die feit, dat Conradie die Kaap
verlaat sonder Andries mee te deel wie Grace is. Op die manier kry
Andries nog 'n kans om sy koppigheid te wys en die feit, dat hy nou al
deur sy oorlogervarings tot selfstandige man geryp is, verhinder sy
pleegvader nie om hom nog soos 'n stout seuntjie te behandel nie! In _J.
v. W._ laat die karakter van Abram ons ook twyfel aan die egtheid
daarvan; die skoot wat Abram net presies in die hart tref, terwyl hy op
Johannes se hart mik, verwek 'n skeptiese glimlag. Dat Gert in die
gifdrinktoneel hom so maklik laat fop, klink ook onwaarskynlik. De Waal
slaag daar nie altyd in om sy sterk-romantiese gegewens deur 'n
onweerstaanbare suggestiewe werking tot onbetwyfelbare realiteit te maak
nie.
Dit blyk ook duidelik uit Andries se awontuur by Utrecht. Ons verneem
dat 't "buitengewoon donker" is--só donker selfs, dat die ruiter
"nouliks die kop van sy pêrd kon sien."[216] Tog laat "'n warrelwindjie
'n dun stofwolkie ... opstuif"! Later eers word die terrein deur bliksem
af en toe verlig. Maar dit bly só donker, dat die kaffer "slegs 'n
donkere gestalte" is. Die skrywer laat ons egter nie =voel= deur
allerlei fyn trekkies nie, dat dit werklik donker is. Hy teken die hele
toneel asof dit alles in die skroeiende son gebeur 't. "Verbysterd en
asof half lam leun sy (Krysie) met haar een hand teen een van die
opstaande rotse." Het Andries kat-oë gehad, of het hy dit ook alles,
"met die hulp van (die) weerlig" so haarfyn gesien? Hy soek nie
voel-voel na die gewere en bandeliers nie--hy tel sommer "een van die
twee Lee-Metfords en die bandeliers op ...". Hy loop nie
struikel-struikel oor die los klippe in die donker nie--"hy _nader_ ...
die meisie". En sy =sien= hom "verward" aan; "sy skud haar kop", as hy
haar iets vraag en "aan haar kappie en jas kon jy ... =sien=, dat sy
terdeë met klei in botsing gewees het." Het dit ook alles gebeur met die
hulp van bliksemstrale, want dis nog só donker, dat hy byna oor die twee
doodgeslaande perde val.
Die gebrek aan suggestiewe besonderheidjies belet ons om die waarheid
van die nagtelike toneel te voel. Die skrywer het dit nie innerlik
deurleef nie, maar met sy nugter verstand die awontuur inmekaar gesit.
En hy was hier tog op bekende terrein, want hy was self onderwyser in
Utrecht en het seker meer as een van die donderstorme gesien, wat met
sulke plotselinge felheid kan neerswaai, so geheel anders as in die
Kaap.
Die donderstorm word as volg beskrywe: "Die stormwolk, waaruit soveel
_vog gegiet_ en _vuur geskiet_ was, was nog met onverminderde water en
elektrisiteit belaai en woed nog aldeur voort, (dus 'n wolk, wat
voortwoed!) maar nie meer vlak bo-kant die hoofde van die jong twee nie.
Die reusagtige massa was na die noordweste gedrywe, en slegs die
nadruppels val nog by die vlugtelinge. Met die ooptrek van die hemel kom
ook die opgaande maan te voorskyn."[217] Van natuurviesie geen sprake
nie, nog minder van indiwiduële impressie of verrassende segging. Die
hele beskrywing word gegee enkel om die laaste sinnetjie, want Andries
moet 'n kans kry om "die sewentienjarige poppie" te bekyk.
Die beskrywing van Patrysvlei[218] is soos die van 'n afslaer, wat 'n
plaas wil verkoop. Patrysvlei is "'n lushof" met mooi draadheinings.
Daar is 'n "deftige woonhuis" met "netjies ingerigte buitegeboue,
stalle, krale, kampies en pluimveehokke"; "_in_ sag groen gelowerde
vrugteboorde", 'n groot tuin, 'n "massiefgewalde dam", deur 'n
"altydlopende stroom gevoed" en verder "uitgebreide, duidelik
afgebakende saai- en weilande". Die skrywer verseker ons, dat 't "'n
bekoorlike landgoed, 'n paradysie" is, maar so 'n vendusieagtige
ophemeling laat ons totaal koud en het met kuns niks te maak nie. Die
van buitegekome obserwatoriese gewaarwording is nie deur die van binne
opstygende deurvoeling tot 'n psigiese verbeelding geryp nie.
Die verslag van die voetbalwedstryd in hoofstuk vyf van _Die Twede
Grieta_ is ook 'n bewys van De Waal se onmag as kunstenaar. So 'n
beskrywing kan 'n rapporteur van 'n agterveldse krantjie ook gee, want
dis kleurlose joernalistiek, sonder 'n persoonlike aksent, in die
allergewoonste voetbaljargon. Die partytjie by Bertie was in 'n groot
saal "waar die meeste _van_ die mense in vrolike gebabbel vergader
was.... Verversings en lekkernye is intussen rond_gedeel_ en van die
keurigste sterk dranke kon jy te drink kry."[219]
In _Johannes van Wyk_ nog 'n staaltjie: Hester en Johannes sing saam op
die rots: "Toe begin hulle _weer_. Al die ander was stil as die graf.
Heerlik _weer_ lui (weerlui?) die skone melodie. Trillend _weer_ het
iedere noot in die rotsagtige kloof van kant tot kant _weer_klink. Met
soveel _ge_volg is elke woord uit_ge_bring _ge_word dat dit in_ge_dring
het tot in die diepste hoekie van elke hart en die fynste snare daar
_ge_roer het. Was dit dan wonder dat selfs Louise haar oë vogtig
_ge_word het?[220] Viermaal _weer_; sesmaal _ge_ opmekaar gestapel! en
dit in ses-en-'n-halwe reël! By die waaragtige kunstenaar, wat hom diep
in sy stof inlewe, verander ritme, styl, taal, woordekeus voortdurend al
na gelang van die stof. De Waal wil hier musiek in woorde verklank en hy
hakkel soos 'n doofstomme. Die mooi alliterasie: "Trillend weer het
iedere noot in die rotsagtige _k_loof van _k_ant tot _k_ant weer_k_link"
gaan verlore in die aanswellende gutturale kakofonie.
De Waal se styl het geen eie geluid nie. Sy taal is die van die koele
gedagte, ontspring nie uit 'n ontroerde gemoed nie, mis harmoniese
ritme. Nooit voel ons; daarin die koorsagtige klop van die digter, nooit
tintel daarin die warm liefde vir singende woorde nie. Kort en saaklik
deel hy ons mee, soveel as nodig is om die intriege te verstaan, soms
met katalogusagtige dorheid. Grace word ingelei in "'n kamer van
middelmatige grootte, wat klaarblykelik gedien het vir eet-, slaap- en
werkkamer tegelyk, want in die middel staan daar 'n tafel met 'n bord,
'n kaasbak, 'n suikerpotjie, 'n standertjie, 'n paar koppies en
pierinkies en nog meer sulke goed; naby die venster sien jy 'n tafeltjie
met 'n goedkoop naaimasien en 'n werkmandjie daarop, terwyl, aan die
teenoorgestelde kant van die kamer, die voetenent van 'n ledikant van
agter 'n Japanese skerm uitsteek. Verder bemerk jy daar ook 'n
wastafeltjie en enige ander meubelstukke--almal oud en eenvoudig, maar
net en sindelik."[221] Geen verrassende wending, geen metaforiese
vermoë. Dit is net asof hy 'n reusagtige settery het, waarin die sinne
netjies in hul bakkies gerangskik staan--_la phrase fait une fois pour
toutes_.[222] As iemand skrik of verbaas is, dan het hy "wydgespalkte,
wit kykers", (_J. v. W._, p. 37); Malherbe en Joosten volg Johannes se
bewegings "met beklemde harte en wyd-geopende oë", (_J. v. W._, p. 71);
"Die dominee sien sy dogter met wydgespalkte oë aan", (_J. v. W._ p.
149); "die meid, met 'n uitdrukking van angs in haar groot, wit oë".
(_Tw. Gr._, p. 7). "'n Klein gil _verlaat_ sy bors, en met wydgespalkte
kykers starend staan hy vir 'n oomblik asof versteend", (_Tw. Gr._ p.
173); "ontsettend verras staar hy die meisie met wydgespalkte oë en ope
mond aan", (_Tw. Gr._, p. 392); "Palmer!?" roep Conradie, met groot oë,
verbysterd", (_Tw. Gr._, p. 353); "Maar voor hy iets meer sê, deins hy
verskrik terug, en staar haar met wydgespalkte oë aan", (_Tw. Gr._, p.
350); "Met wydgeopende, verwilderde kykers staar hy die besoekster
asemloos aan", (_Tw. Gr._, p. 369); "Met ope monde asof deur towery
geboei, gaap hulle die singers in verlore bewondering aan", (_J. v. W._,
p. 97); "die trotse Chrissie staar met wye fonkelende oë vaag op na die
plafond", (_Tw. Gr._, p. 224). As Boonzaaier dié romans moes illustreer
...! Dieselfde uitdrukking kom ook by Van Lennep voor: "Welnu! waar
wacht gij op?" vroeg de man, wien de uitdaging gold, aan den voerman,
die _met wijd opgespalkte oogen_, dit tooneel stond aan te gapen."[223]
Soms laat De Waal nogal wonderlike maneuwers uitvoer: "Maar Jeanette het
alreeds haar _oë_ met stille valksblikke na huis, werf en elke plekkie
daar rondom, vir sover as haar gesig nie =versper= was nie _geslinger_",
(_J. v. W._, p. 199); "Sy oë begin van vooraf in sy kop te rol", (_J. v.
W._, p. 15).
Nog 'n ander stylverstening is: "'n Rilling loop deur sy lyf", (_J. v.
W._, p. 38); "'n Vinnige rilling loop deur die hele lyf van Johannes",
(_J. v. W._, p. 215); "'n Ysige rilling tref die lede van die
sielvermoeide student", (_Tw. Gr._, p 389); "Hester haar liggaam tril
van die skok", (_Tw. Gr._, p. 200); "wat 'n gril skud sy lede", (_Tw.
Gr._, p. 250); "Dit was of Andries 'n geweldige skok deur al sy lede
kry", (_Tw. Gr._, p. 314). "Wat 'n rilling loop daar deur sy hart", (_J.
v. W._, p. 72). Van Lennep gebruik die uitdrukking ook: "Een koude
rilling liep mij door de aderen."[224]
Nog 'n ander stylverstening is _asvaal_ of _vaal soos as_.[225] So sou
ons die hele inwentaris kan opmaak van die bakkies in De Waal se
settery; van die beperkte aantal stereotiepe uitdrukkings, wat met
tergende reëlmatigheid by amper elke dialoog voorkom--die "knersende
tande", "geamuseerde gesigte", die "hande in die hare", die krappery
agter die ore, of op die kop, die "bevestigende knikkies", "wit bewende
lippe", "glinsterende, _wetende_, verwilderde, verslindende ... oë";
"vuurrooi wange", "veel-betekende (?) glimlaggies", "angstig-kloppende,
bonsende harte" en al die verskillende soorte _kyke!!_--o.a. "die kyk
... wat as 'n dolk tref", (_J. van W._, p. 46). Dan nog De Waal se
besonder hartlam-uitdrukking =kykers=--van allerlei aard, diep, vurige,
swart, donkerbruin, glimlaggende, skitterende, medely wekkende,
sielvolle[226], glimmende, bewonderende, grys, groot, ope, blink,
pragtige, patetiese....[227]
'n Enkele maal word ons verras deur 'n raak tekening: "rooi as 'n
granaatappel", (_Tw. Gr._, p. 121); "met 'n berouvolle krakie in sy
stem", (_Tw. Gr._, p. 269),--maar dis nes 'n eensame blommetjie in 'n
vaal stoppelland. Meestal is De Waal doodtevrede met die ou beskrywende
adjektiewe, wat die Neerlandse skrywers van vóór 1880 duisendmaal
afgerinkink het. Dit blyk veral waar hy die uiterlik van sy persone
teken. Hester Linde het "'n _lelie-blanke_ kleur, afgewissel deur die
_roseblos_ van gesondheid, ... daarby vertoon sy 'n paar oë so helder,
so _hemelsblou_, so _sielvol_, as g'n digter of skilder sou kan teken
nie; 'n lieflike neusie gelyk en reg _as van 'n marmer beeld_." (_J. v.
W._, p. 63). Sy is 'n _engelagtige_ wese, (_J. v. W._ p. 72 en 162) met
_hemelse_ oë; ook Grieta is "'n _beeldfraaie_ mens.... meer geskik vir
die tuiste van engele, dan vir hierdie prosaiese aardbol", (_Tw. Gr._,
p. 1); "'n buitengewone _juweel_" met "melkwit hals" en "goudbruin hare,
wat tot sieraad sou gestrek het vir die skoonste _towergodin_", terwyl
Hester weer 'n "liewe _juweeltjie_" is, "'n allerpragtigste kind, die
_beeldskone_ predikantsdogter" met "'n _sneeublanke_ gelaat". Sy is "die
liewe engel wat dag en nag Johannes se gedagte besig hou en 'n _vuur_ in
sy hart _aangesteek_ het wat niks kan uitblus nie...." (_J. v. W._, p.
178). Ook Grace laat "'n _vlammetjie ... ontbrand_, wat Andries nie lig
kon _blus_ nie". Nes by Hester word ons verseker van die magteloosheid
van die skilder en nou ook nog van die beeldhouer: "Het ooit 'n skilder
'n kinnetjie pragtiger geskets? Het ooit 'n beeldhouer 'n mondjie bedeel
met soveel uitdrukking, soveel karakter, soveel _soete onskuld_, as wat
vertoon word deur daardie twee gesonde, klein, allerliefs gevormde
lippies?" (_Tw. Gr._, p. 239). Sy is ook soos haar moeder "meer geskik
vir die tuiste van engele": "Dat 'n regtige, gewone, aardse mens so
_fouteloos_ (anglisisme!) daar kon uitsien, sou hy nooit kan geglo het
nie." Ons glo dit dan ook nie!! Mens moet na Tollens en sy konfraters
gaan om die sussies van De Waal se engeltjies te kry. Hoor maar hoe
Tollens "_Het Ongenoemde Meisje_" "besing"[228]:
"Der nachtegalen zang is schoon,
Maar tienmaal schooner is haar toon,
Haar stem doortintelt merg en bloed;
Geen ziel, die zij niet smelten doet;
Geen booswicht is er, als zij zingt,
Wien niet een traan in de oogen dringt.
Zij zweeft, als had zij wiekjes aan:
Haar zooltje laat geen teeken staan.
Haar vlechten zijn als ravengit,
Haar boezem is als zwanenwit;
Geen enkel sproetje vlekt haar kin
En 't englenzieltjen evenmin.
Wie zulk een meisje ooit ontmoet,
Zoo schoon, zoo rein, zoo engelgoed;
Wie 't orglen van een stem vernam,
Zoo fraai of ze uit den hemel kwam,
Geloof hij 't vast--zweer hij 't vrij:
Dat is mijn meisje! dat is zij!"
De Waal se "fouteloos fraai" meisies dra natuurlik ook klere, "fouteloos
passend" soos Grieta; hul het "lieflike gelaatstrekke", "pragtige
elegante" gestaltes, of anders "heerlik-fraai--slank en tog vol";
meestal "langwerpige" gesiggies soos Hester Linde, Hester Fourie en
Grace; maar die koddigste is wel die _plomp_[229] wange, wat by De Waal
blykbaar die betekenis van die Engelse _plump_ het!!
Vergelyk ons nou hiermee die manier, waarop Van Lennep sy dames en
here teken, dan val die sterk ooreenkoms dadelik in die oog. In _De Roos
van Dekama_ word Madzy as volg voorgestel: "Voor zooveel men, nu zij
gezeten was, haar gestalte kon beoordeelen, was zij rijzig van postuur;
doch haar fijne leest was gewikkeld in een zwarten zijden mantel, die
niets liet bespeuren dan de bevallige ronding van een _leliewitten_
arm.... De kap van den mantel bedekte het hoofd, en was onder de kin
vastgestrikt, doch liet echter vryheid om de _edelste_ en tevens
innemendste _wezenstrekken_ te beschouwen, welke immer in het hart eens
jongelings liefde verwekt hebben[230]. De strenge regelmaat des beloops
van neus en voorhoofd, welke aan het profiel der Grieksche Juno
herinnerden, was getemperd door den zachten, minzamen opslag van _twee
groote, helder hemelsblauwe oogen_, overwelfd door gitzwarte
wenkbrauwen, zoo zuiver van omtrek, _als waren zy door een
penseelgevormd_, en door de kuiltjes welke in de van gezondheid
schitterende wangen en in de ronde kin als tot een schuilplaats voor de
bevalligheden gevormd waren. Een klein vlekje ter zijde der bovenlip,
instede van het gelaat te ontsieren, stak geestig af tegen de blanke
tinten van het fijne, met blauwe adertjes gemarmerde vel, en verhoogde
de levendigheid van uitdrukking der wezenstrekken, vooral wanneer zij
zich tot een lachje saamtrokken, en de halfgeopende rozemond, de dubbele
rij der hagelwitte tandjes ontdekken liet."[231] Vir Reinout is Madzy
dan ook dadelik 'n "_lieve engel_". "Reinout ... had een wel niet
rijzige, maar toch in allen deele _fraai gevormde_, gestalte.
_Ravenzwart haar krulde_ hem met bevalligheid om de slapen; zijn
gelaatstrekken waren fijn en regelmatig, en schoon van nature bleek en
door de zuiderzon en de vermoeienissen des oorlogs met een gele tint
overdekt, hoogst bevallig en innemend. Geest en _scherpzinnigheid_
straalden uit zijn gitzwarte oogen, wier _levendigheid_ waarde gaf aan
alles wat hij zeide."[232] Malherbe "was middelmatig van gestalte,
welgeset, kragtig gebou. Sy blas kleur en Paryse neus het duidelik te
kenne gegee dat hy van Franse afkoms was; en sy groot welgevormde kop,
versierd met 'n bos digte, _pikswart krulhare_, het blyk gelewer van
meer dan 'n gewone mate van harsings; terwyl sy diep, vurige,
donkerbruin kykertjies, wat treffend gepas het by sy swaar wenkbroue,
die _wakkerste skerpsinnigheid_ verraai het." (_J. v. W._, p. 61.)
Daar is nog meer reminisensies aan die versteende terminologie van vóór
1880 by De Waal. "Iedereen luister met ingetoë bewondering na die
_sielverheffende_, heerlike musiek", (_J. v. W._, p. 228);
_verbryselende_ tyding, (_J. v. W._, p. 251); "wat daar in sy gemoed
omgaan, kan beter verbeel dan beskrywe word", (_J. v. W._, p. 106); 'n
_ontluikende_ man, (_J. v. W._, p. 8). De Waal besef nie die
gevoelswaarde van die woord _ontluikende_ nie, want ofskoon "'n
ontluikende _maagd_" 'n doodgewone staaltjie van die Parnastaal is, kan
ons ons moeilik 'n ontluikende _man_ voorstel. In _Die Twede Grieta_ kom
ook nog voor: "_verhewe_, edele gelaatstrekke", (p. 209);
"_onvergeetlike, hartstrelende_", (p. 318); "'n soet druppel in die
bitter beker", (p. 12); "_hartedrif_" (p. 382); "dit was asof 'n _priem_
sy hart deurboor en sy bloed yskoud word", (p. 96)[233] "'n Vloed van
bitter onaangename gewaarwordings deurstroom sy beklemde gemoed", (id.
vgl. _J. v. W._, p. 174); "sy was weggevaar na die heerlike wêreld van
die sorglose vergetelheid, rustig in die arms van die slaapgod ...", (p.
238); "_oorstelp_ van vreugde en droefheid", (p. 174).
Aan beelde waag De Waal hom baie selde en as hy dit doen, dan is 't
gemeenplaatse, of ridikule voorstellings soos: "Hy kon sy brein in geen
ander rigting laat vloei nie" (_Tw. Gr._, p. 259); "Die nommer van die
meisie wat nou so dryf op die hete onstuimige stroom van sy gedagtes",
(_J. v. W._, p. 64); sy gedagtes rol oor al die gebeurtenisse van die
aand terug", (_J. v. W._, p. 106); "Die digte sluier wat haar geestesoog
bedek het, is afgeruk", (_J. v. W._, p. 174); Andries hoor Grace se
"silwerstem. Dit _tril(!)_ die snare van sy hart", (_Tw. Gr._, p. 259);
"Byna onmiddellik daarna, soos in 'n towerslag verander haar gelaat in
glad 'n ander plooi ..." wat net so 'n wonderlike metamorfose is soos
die van Andries, wat volgens Phineas van 'n _askoek_ tot 'n _doring
ontwikkel_, (_Tw. Gr._, p. 242 en 382).
"Jacob van Lennep was van 1829 tot zijn dood in 1868, Rijks-advokaat;
bijna 40 jaar dus. Het ambt maakt de man. Deze man moet dus wel tot in
z'n tenen advokaat zijn geworden, vooral omdat-ie van z'n eigen natuur
al had, wat dat ambt in 'n mens pleegt te ontwikkelen: handigheid in 't
pareren en uitvallen; scherpzichtigheid van elk plekje dat de
tegenpartij bloot geeft; en bij deze schermmeesters-talenten, toch
eenvoudige waarheidszin en oprechtheid....[234] Dieselfde eienskappe is
ook te vind in die romans van Advokaat De Waal. Hy het sy eie
pleiterstalent aan Malherbe geskenk en die kruisverhoor van Gert is een
van die besgeslaagde gedeeltes van _Johannes van Wyk_. Phineas behaal
ook 'n advokate-oorwinning op die Smithfielders en die weduwee, en sy
listige draaitjies laat ons meer aan die geregshof dan die Teologiese
Kweekskool dink. Vir die samestelling van sy intrieges kon De Waal dan
ook profiteer van sy eie ervaring by die geregshof, 'n element wat 'n
ruim plaas beslaan in albei romans. Die lewendigheid van sy dialoog laat
aan dieselfde invloed dink. Oor 'n raak antwoord staan sy persone selde
verleë, en tog ontaard dit nie in 'n vernufsdialoog nie, maar is
gewoonlik 'n weergawe van die los natuurlike gesèlstoon. Dat hy dit
egter nie altyd tref nie, bewys die volgende kromtaal, wat hy in die
mond van Professor Clarke lê: "Jy het skone vooruitsigte, _my jong_
(sic!), as jy net getrou by jou studies wil bly; en ek gee jou my woord,
dat alles, wat ek kan doen om jou meriete bekroon te kry met die sukses,
wat dit verdien, _sal_ ek.[235] Ook Ds. Kestell en Conradie spreek
Andries toe as _my jong_.[236]
'n Staaltjie van gebrekkige psigologie vind ons in _Die Twede Grieta_.
Dis Andries se verjaarsdag en hy moet natuurlik die gewigtige
gebeurtenis aan sy maat op skool meedeel. "Mag jy soet opgroei! fluister
die ander grappig terug."[237] Wie sou so 'n ou-tante-agtige wens verwag
van 'n kind van elf jaar? As hy nou nog gevra 't: "Het jy baie presente
gekry?" dan kon ons dit verstaan!
By De Waal kan ons konstateer 'n byna volslae veronagsaming van die
volkstaal. Hy was een van ons eerste skrywers en het soos weinig ander
die kans gehad om gebruik te maak van tiepies Afrikaanse wendinge, wat
in die rykste verskeidenheid net op die lewewekkende adem van die
kunstenaar gewag 't. Maar in plaas daarvan gebruik hy die dorre beendere
van 'n voos ou-tydse retoriek, wat al twintig jaar morsdood was. Of wat
uit kultuuroogpunt nog veel erger was, hy leen hot en haar van die
Engelse en set die jong lesers van _De Goede Hoop_ 'n onsmaaklike
hutspot à l'anglaise voor--juis dié mense, wat hy, as taalyweraar, moes
oortuig van die deugdelikheid van die Afrikaanse taal. As De Waal
woordkunstenaar gewees 't, dan sou hy op sy togte met die Rondgaande
Hof, wat hom in nou aanraking met al die klasse van die samelewing oor
'n uitgestrekte gebied van die Kaapprovinsie gebring 't, die volkstaal
beluister 't, met volle teue die fris veldgeur van die ongerepte
Afrikaanse idioom ingedrink 't. En indien hy ook al dikwels die
verpestende lug, wat stadig maar seker by ons taalvensters ingewaai het,
moes opsnuif, was dit dan nie juis sy heilige plig as _voorman_ om met
speurende sorg alle uitlandse bysmakies uit die nasionale taalspys, wat
hy vir argelose jongeliede opgedis het te verwyder nie? Maar die Engelse
stormwind het De Waal omgewaai en al het hy in die afgelope sewentien
jaar effentjies gespartel om op te staan, die vyfde druk van _Johannes
van Wyk_ en die twede druk van _Die Twede Grieta_ bewys dat dit hom tot
nog toe nie geluk 't nie.
In sy dissertasie _Taal en Poësie van die Twede
Afrikaanse-Taalbeweging_ het Dr. E.C. Pienaar gekonstateer, dat met
betrekking tot anglisismes _Johannes van Wyk_ "aan 'n ongeneeslike kwaal
ly".[238] In _Die Burger_ van Augustus 1921 laat De Waal hom as volg
daaroor uit: "Is dit die skuld van die outeur dat soveel anglisismes
burgerreg verkry het in ons taal? Toe ek die boek geskrywe het, het ek
die spreektaal ten naastenby weergegee soos hy gebruik geword het, nie
soos ek of my taalvriende sou verkies het dat hy moet wees nie. My
skryftaal was maar 'n weerspiegeling van die spraak.... Die woorde lyk
(hou van) en kyk (blik) ... sou ek darem in geen geval laat vaar het
nie. Hulle het pos gevat in ons taal en verarm dit nie." Dr. Pienaar het
ongetwyfeld gelyk as hy beweer, dat De Waal se taal "'n weerspiegeling
was van 'n kunsmatigvervalste spraak-werklikheid, soos die onder
bepaalde anti-nasionale skool-invloede in bepaalde kringe geheers
het."[239] Tereg word ook verder gelaak die gebrek aan "historiese
atmosfeer" in _Johannes van Wyk_ "omdat die skrywer deftige Hollanders
van die jaar 1700 anglisismes in die mond lê, wat tuis hoort by
verengelste Afrikaners van twee honderd jaar later, en selfs dan nog
maar in sekere kringe."[240]
"Moed broei moed" is die vertaling, wat Grace Palmer gee van "Courage
breeds courage". Andries verbeter dit tot: "Moed kweek moed"[241]. Dit
is presies die wyse waarop De Waal te werk gaan. Sy _gedagtewêreld_ is
Engels; en sy skrywery is 'n langdurig gesukkel, 'n kriewelagtige
gepeuter om aan Engelse gedagtes 'n Afrikaanse tint te gee. Só kan geen
kunswerk ontstaan nie. Ons stuit gedurig op uitdrukkings en woorde,
waarvan die Engelse voorbeelde hul direk aan ons opdring. Dit is dan ook
'n vergeefse poging om die twee romans van anglisismes te suiwer, wat
die skrywer alreeds probeer doen 't; die rooi suurdesem het deur-en-deur
getrek tot in hul kern, soos blyk uit die volgende paar voorbeelde wat
gemaklik verdubbel kan word. In _Johannes van Wyk_, vyfde druk 1921, kom
voor: p. 29, "sou hy 'n twintigtal van daardie gebroed binne vyf minute
kon uitgevee het; p. 149, "Wat 'n jammer ..." p. 173, "dat F.K.... sy
kop mag verloor en 'n hand in so 'n daad hê; p. 174, Sou sy nie ... iets
kan sê of doen wat hom mag weggee nie? p. 215, (hy) bind sy rooi sakdoek
oor _die groter deel_ van sy gesig; p. 224, Die twee lawwe kêrels ...
vind hulle uitgesny deur "die Franse advokaat"; p. 76, "Gou nou!" _haas_
Joosten sy twee vrinde _aan_, ...
In _Die Twede Grieta_, twede druk, 1921: p. 11, watter adres hom in
Johannesburg sou vind, p. 54, Brittanje steek weer sy vinger in die
pasty; p. 136, 'n Stuiwer vir jou gedagte; p. 149, maar sy vrees het nog
die bo-hand gevoer; p. 213, Ons kon om die lewe nie raai; p. 242, in die
klein uurtjies van die nag; p. 308, die gees van jingoïsme--waarvan alle
... Afrikaners in die stede prooi was; p. 326, koerasie byeengesamel; p.
328, in watter woorde die nuus te breek; p. 377, Die aparte
uitdrukkings, wat daar beurtelings op die gelaat van Grieta verskyn het
... was 'n studie.--_Plompe_ wange is reeds in 'n ander verband genoem.
In _Die Twede Grieta_ hoor ons nog van 'n _milde_ behandeling! (Eng.
mild).
Ook die volgende uitdrukkings, meestal onbeholpe vertalings, toon
duidelik aan hoe De Waal in Engels dink en dan 'n woord of wending kies,
wat glad nie in die verband pas nie. In _Johannes van Wyk_ b.v. p. 48,
aan die agterdeel van die huis; p. 80, 84, 246 die gestremde (Eng.
strained) stilte, verhouding, ens.; p. 84, En hy ... ontmoet haar lippe
met syne ... in 'n soete, hartelike kus; p. 101, U het ons almal uiters
gul vergas; p. 180, Die stem klink op verhewe toon[242]; p. 217, jy 't
my in 'n desperate weg gedring; 'n goeie dag gee.
In _Die Twede Grieta_: p. 41, Die ruime stellasies ... was besprenkeld
van toeskouers[243]; p. 56, Op laasgenoemde plek spring daar 'n stad op;
p. 59, tegelyk sou die forte by Pretoria gegryp word; p. 198, sy
volledig die sin; p. 175, Intussen doen die verpleër aldeur alles in sy
vermoë om die vloei van die bloed te stuit, en werklik was die
lekkasie(!) binnekort aanmerklik verminder.
_Kyk_ (blik), _kom kyk_ (besoek) en _lyk_ (hou van) is vaste
uitdrukkings van De Waal. By die gebruik van voorsetsels is hy ook
gedurig onder Engelse invloed of maak hy die snaakste foute. In
_Johannes van Wyk_ b.v. p. 19, onttrek ... uit; p. 24, voorsien ...
met[244]; p. 59, trakteer met lekkers; p. 60, deelneem in; p. 61, Aan sy
breë mond kan jy ... lees; p. 71, vermorsel aan 'n rots; p. 96, hy roep
op die sangpaar; p. 128, vervang met; p. 170, gedagtes in die saak vorm;
p. 180, om jou naamtekening aan hierdie getuigskrif ... te verkry; p.
204, hy hou hom onledig aan die heel-maak van 'n ... mandjie; ens.
In _Die Twede Grieta_: p. 335, om hom met die nou gang te begewe na sy
kompartement; p. 344, berus by haar laaste antwoord; p. 369, hy spring
met 'n skrik _in_ sy sitplaas op; p. 388, 'n kelkie ... tot mekaar se
gesondheid drink; p. 227, "Kom!" roep die boer aan die pêrde; p. 156,
duskant van Paardeberg; p. 285, ryk in bobbiaan ...; ens.
'n Voorbeeld van stokkerige Hollands vind ons in _Johannes van Wyk_, p,
190: Die _verbeide_ vyand. Telkens is die woordskikking verkeerd. In die
_Tw. Gr._, p. 47, b.v. Die trant van die spel, ja, het so 'n keer
geneem, dat, binne vyf minute na die ongeluk, _was_ een van die
donkerbloues in staat ...; p. 79, Hy het my onder ander vertel ... dat
ofskoon Hollands en Engels op papier gelyke regte het, _word_ daar in
die praktyk gesorg....[245]
Die lidwoord ontbreek in: om sake weer op ou voet te kry; pas het hy
hierdie prooi in oog gekry; hulle wag tot oordeelsdag.[246] Of anders
staan dit waar dit onnodig is: Omtrent honderd kanonne (word) in _die_
werking gebring.[247]
Verder kom daar nog 'n hele stel uitdrukkings of woorde voor wat (a) 'n
allerkoddigste indruk maak deur hul lompheid; (b) volmaak onverstaanbaar
of ongebruiklik is; (c) waarvan De Waal die gevoelswaarde nie besef 't
nie. Ek gee enige voorbeelde:
(a) Uit _Johannes van Wyk_:
(p. 42) Toe verkwik hy sy gestel by 'n dammetjie; p. 68, die lewendige
kou water; p. 70, Versigtig en langsaam kom hy (die skuit) met sy
_swaarbelaaide_ mense_vrag_ gedurig nader; p. 82, die gemoedvolle vader;
p. 192, 't Was allesbehalwe 'n gevoel van gerustheid waarmee die
verdediger van die kraal nou _beset_ was. Hy moes die toneel ...
_toe_skou; p. 226, Die liewe natuurlike musiek, wat hierdie lewendige
water op sy weg ... ondertoe na die vlakte _baan_; p. 82, En wat kom die
gewaad ook daarop aan, solank as dit nog reg is miet sy _inhoud_! (Ds.
Linde tot Hester); p. 227, Daardie selvolle kykers, wat so sy hart
_verteer_ het.
Uit _Die Twede Grieta_:
(p. 236) Haar storie ... het sy op so 'n belang-prikkelende manier
vertel, dat dit van begin tot end die _aandag_ van haar _geleide
boeiend_ geïnteresseer het; p. 295, So het die burgers hulle _gelate wil
berus_ by die besluite ...; p. 394, die vooruitlopende weet-al-leser; p.
4, in die wye, rond-gegruisde tuinpaadjie.
(b) Uit _Johannes van Wyk_
p. 7, Sy ... _ontlos_ haar van haar helper; p. 201, die bedleërige; p.
163, 'n aangestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte seeman; p. 24,
spieder en bespeurder; p. 2, sy goedbelynde gesig.
Uit _Die Twede Grieta_:
p. 295, die harttrillende vierkleur; p. 308, weervaardigheid; p. 381,
die salig-oorstelpte besoeker.
(c) Uit _Johannes van Wyk_:
p. 5, die dik _prettige_ dogter; p. 235, met 'n gesig oppervlakkig
prettig; p. 140, 'n prettige boer; p. 169, 253, nering; p. 102, Het komt
my voor dat tante Debora hem daartoe _aansart_; p. 58, die mense was
gemoedelik aangedaan; p. 68, Köhler het haar (die meisie) met geweld
_weggeraap_; p. 80, terugwerping; p. 75, toewerping; p. 165, Ek weet
waarlik van niemand wat 'n mooier _vorm_ en postuur het nie (van
Johannes geseg); p. 188, en al die huisgesinne ... het met waens en
karre _na die setel_ van plesier en vrolikheid vertrek.
Uit _Die Twede Grieta_:
p. 19, Wat sal van daardie verskriklike wil van hom word, as ...; As ek
jou belet om dit met geweld _uit_ hom te _delg_; p. 20, Phineas Junior
... het welig opgegroei; p, 34, Haar geselligheid, wat sy by al haar
kennisse ... _beoefen_ het; p. 114, na 'n koppie koffie by 'n buurman te
_benuttig_ het; p. 286, om Andries _handtastelik_ te verwelkom; p. 302,
tasbare dank; p. 265, nouliks was daardie aanval aanvaar.
Stompies.
_Stompies_, 'n bundel stories, rympies en toneelspelletjies is, wat die
prosastukke betref, uit dieselfde hout as die romans gesny. Tien of
twaalf sulke _stompies_ met timmermansvaardigheid aanmekaar gelas en met
historiese kleefstof van 'n patriotiese merk vasgelym vorm die lang
_stompe_ van die romans. Maar dis dorre stompe van 'n stokoue,
doodgebloeide boom, wat De Waal omgekap 't om die taalvuurtjie mee op te
stook.
In _Stompies_ (1911) word die getal van die "engelagtige" meisies met
hul "betowerende, hemel-fraaie kykers (o.a. p. 7, 10, 156), _plompe_
rooskleurige wangetjies (p. 98), Venusagtige gestalte (p. 140), ens.
vermeerder. Hulle "stuur 'n elektriese stroom deur al die lede" (p. 156)
van hul aanbidders en as hulle so onversigtig is om in die water te val,
of deur Kaffers toegetakel word, dan kry die dapper redders, wat
_toevallig_ daarop afkom die welbekende "koue rilling" wat "deur hul
hele lyf loop" (o.a. p. 78), totdat hul uiteindelik "die hemelse
gedaante van hul teergeliefde(s) te gemoet _vlieg_" (p. 83) en
"verrukkelike vreugde in hul _hart_ straal." (p. 83.) Die gelukkige
paartjies word dan nog almal voorsien van 'n liewe gesonde seuntjie (p.
60), "twee fraaie kindertjies" (p. 104) of "drie gesonde kleintjies" (p.
158).
Die voorwoord bevat nog 'n merkwaardige verklaring: "Soals die ironie
dit wil, gee _ek_, die alle digters en rympiesmakers beskou als
beklagenswaardige dromers en dwepers, nou self 'n klomp rympies uit!--"
Dat iemand wat so 'n beskouing daarop na hou, geen kunswerk kan lewer
nie, spreek vanself. Hy het self dan ook erken dat hy nie "in die wieg
gelê was om romans te skrywe nie. (Hy) het maar die leeslus onder ons
volk vir Afrikaans wil help opwek"[248]. Hierdie oordeel kan na ons
ondersoek volkome bevestig word. Sy romans het geen letterkundige, maar
wel kultuur-historiese waarde. Dit was propaganda-werk, wat verskyn het
in 'n tyd toe die meeste ander voormanne nog niks gepresteer had en daar
feitlik geen Afrikaanse leesstof was nie. Sy doel het De Waal dan ook
bereik; _Hy het 'n groot deel van die Afrikaanse volk hul eie taal leer
lees_. Wanneer ons nou dat die stryd vir Afrikaans gewin is, behoefte
gevoel om ook die letterkundige waarde van die eerste prosawerk te
bepaal, dan moet daar nogeens met nadruk op gewys word, dat _Johannes
van Wyk_ met al sy gebreke 'n faktor van belang in die taalstryd was.
Dat dit gelees is, is veral te danke aan die spannende intriege. Wat J.
Koopmans van Van Lennep sê is ook van De Waal waar: "Meesterlik worden
de draden in één punt samengetrokken; als in een vuurwerk knapt en
knettert de kruithuls aan alle kanten; de ene vonk ontsteekt de andere
en draait de spil naar de gewenste zijde"[249]. Solank as daar mense is
wat 'n boek lees alleen "vir die storie", sal De Waal se romans seker
gelees word.
§ 2. J. Lub.
J. Lub is op 1 Mei 1868 gebore te Garijp, 'n dorpie in die provinsie
Friesland. In 1892 het hy as onderwyser na die Transvaal gekom. In die
Anglo-Boere-oorlog was hy vir ses maande in diens van die Rooi Kruis as
bestuurder van die ambulanstreine. Na die vrede het hy opgetree as
Hollandse dosent aan die Johannesburgse Normaal-Skool en tans is hy
inspekteur van skole op die Rand. Vyf bundels sketse het van hom
verskyn: _Eenvoudige Mense_ (1908), _Donker Johannesburg_ (1910)[250],
_In en om de Goudstad_ (1912), _Het Zwarte Gevaar_ (1913), _Oom Frikkie
en ander Sketse_ (1918).[251]
Van Lub se sketse is 'n groot aantal in Afrikaans geskrywe, maar dit is
die Afrikaans van 'n buitelander, waarin, hoe goed hy die taal ook al
deur 'n langdurige verblyf onder ons mense geleer 't, tog altyd nog iets
vreemds klink. Omdat sy persone meestal in 'n Engelse milieu optree, kom
daar in sy werk nogal baie Engelse uitdrukkings voor en hoewel dit soms
deur die geaardheid van die sketse noodsaaklik word, moet die
veelvuldige gebruik van woorde soos "cab, stretsjer, uitgeswindel,
loafers, motormen, sweets, gingerbier" ens. beslis afgekeur word.
"George lyk om te "marry", maar sy "job" betaal maar net £12-10s., en hy
het die laaste tyd op die reisies verloor, want sy "friend" het hom die
"wrong tip" gegee" (_Eenv. Mense_^3, p. 52). Al dien so 'n staaltjie nou
ook ter karakterisering, tog word die herhaling van sulke gebrabbel op
lange laas onleesbaar.
Die verwording van die Afrikanerkarakter in die kosmopolietiese
goudstad--dit is die vernaamste onderwerp van Lub se sketse. "Daar binne
in die kuil (Johannesburg), vergaan 'n deel van ons arm mense, wat in
hoë plekke behoort te wees, maar wat nou in hole van ellende omkom en
bedelaars is ... of nog erger" (_Oom Frikkie_, p. 66). Die degenerasie
van sulke sosiale drenkelinge word in lewendige tafreeltjies beskryf.
Die algemene opset is gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die
stadsbeeld geteken; dan ontmoet "meester" een van sy oud-leerlinge of 'n
ander bekende van die plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So
kry "meester" af en toe 'n kans om die rol van Hildebrand teenoor die
diakenhuismannetje te speel. Anders word allerlei straattiepes op die
manier van Justus van Maurik beskryf, soms met 'n moraliserende prekie
as slot. "Dink tog 'n bietjie, as julle die busdrywer(s) sien, dat hy
ook een van ons medemense is", ens (_Eenv. Mense_, p. 36). Met 'n
poliesman as geleider besoek Lub die gevangenisse, agterbuurte en
reddingshuise. Die redakteur van _Die Brandwag_ het sy werk juis
gekarakteriseer: "Sulke sketse is menslike dokumente ... 'n simpatieke
argief, wat die koue koerante en dokumente-argief van vandag se
geskiedenis aanvul vir die toekoms" (t.a.p., Des. 1918). Dit is goeie
joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp 'n lig op die
ontstaan van ons arme blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktuëel is.
By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms
melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op die manier
verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's
op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat
meestal goed geslaag is.
§ 3. J.G. Engela.
J.G. Engela is gebore in 1862 op Ceres, waar hy alleen Engels op die
skool kon leer. Op sewentienjarige leeftyd was hy al ouerloos en toe
moes hy tog-ry, skoolhou en allerhande ander werk doen om 'n bestaan te
maak. In die Transvaal was hy op die kantoor van die mynkommissaris, toe
die oorlog uitbreek. Hy is by Paardeberg gevang en na Ceylon gestuur. Na
die vrede was hy klerk in 'n winkel en in dié tyd het sy boeke verskyn.
In 1914 is hy as winkel-inspekteur aangestel, en toe hy op sestigjarige
leeftyd volgens die regulasies moes aftree, het hy gaan boer op "Die
Vlakte", in die distrik Bloemhof.
Afrikaanse Verhale en Gesellige Half-Uurtjies.
In die voorwoord van sy twede bundel, _Gesellige Half-Uurtjies_ verklaar
die skrywer, dat hy "in alle eenvoudigheid getrag (het) om ons volk tot
meer lees aan te spoor." Dié doel het hy seker bereik, veral omdat in
1909, toe die eerste bundel verskyn het, Afrikaanse boeke nog baie
skaars was, maar ook omdat hy sy grappies op aangename wyse vertel.
Engela laat gewoonlik een of ander norse persoon in 'n strik loop. Hoe
om iemand 'n poets te bak is sy spesialiteit. Wie onder humor nog iets
anders verstaan dan pure grapperigheid sal dit seker nie eens wees met
Nico Hofmeyr nie, waar hy in die voorrede van die _Verhale_ die skrywer
se "fyn humor" roem.
Minder gelukkig is Engela met sy ernstige verhale, wat by voorkeur 'n
moordgeskiedenis behandel en erg melodramaties is. Vir romantiekerige
situasies is hy ook lief. So hoor ons dat Gratia "plaas neem op die ou
omgevalle boomstam, en ... haar betraande oë omhoog-slaan, naar die
heerlike groen lommer waarmee die woud so kunstig in 'n Septembergewaad
versier was.... Saggies roer sy die snare van haar Mandoliene aan...."
(_Half-Uurtjies_, p. 33). Tog ken Engela Rhijnvis Feith seker net uit sy
gesangeboek.
Gesels.
_Gesels_ (2de druk, 1913) is die swakste van die drie bundeltjies. Taal
en styl is hier besonder onbeholpe, die grappies word flou, soms selfs
stuitend. _Die Storms van Bergendal_ is seker die summum van alle
bereikbare onnatuurlikheid. 'n Broer, wat met sy verlore gewaande suster
trou, haar dan keel af sny; 'n lyk, wat na 'n vreeslike storm deur die
"rumoerige woelwaters ... met alle sorg" in 'n kar "neergelê" word; 'n
gedrogtelike misgeboorte, wonderlike drome, en geesverskynings, waarby
vier predikante te pas kom, 'n groot skat, ens ... brr! Dis 'n
gruwelstuk, wat Jan Vos sou laat watertand!
As 'n staaltjie van Engela se gebrekkige sinsbou kan die volgende dien:
"David was 'n Hotnot van ongeveer 40 à 50 jaar: Kort en sterk geboud, en
was van nature 'n buitegewoon opgeruimde skepsel, en kon hom ..." (p.
41); "Hy was uit op huisbesoek, en waarmee hy toe klaar was, en weer op
die terugreis huis toe" (p. 42). Dié snaakse gebruik van die voegwoord
tref mens deur die hele boek aan.
§ 4. Adv. C.J. Langenhoven.
Polietikus, joernalis, digter, prosaïs en toneelskrywer is
Langenhoven, en veral in die laaste tyd toon hy 'n veelsydige
bedrywigheid op letterkundige gebied. Op Oudtshoorn was hy redakteur
van _Het Zuid-Westen._ In 1911 het verskyn _Stukkies en Brokkies_, "'n
leesboekie vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongeliede- en
Debatsverenigings". Dit is in 1914 opgeneem in _Ons Weg deur die
Wêreld_,[252] grotendeels 'n didaktiese werk, wat egter ook verhale,
fantasieë, samesprake, aforismes en gedigte bevat. Die verhale en
fantasieë word hier bespreek, die didaktiese gedeeltes in hoofstuk VII.
Die samesprake behoort tot die toneel-literatuur en die "Spesiale
stukke vir Debatsvereniginge" (Afd. V.) kan buiten beskouing bly.[253]
Op Langenhoven se belangrike aandeel in die taalstryd het Dr. E.C.
Pienaar gewys[254]. Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale
Raad was, word hy volksraadlid vir Oudtshoorn. Tans is hy senator.
Van hom het ook verskyn: _Die Pad van Suid-Afrika_, 'n digbundel; twee
satieries-humoristiese verhale: _Sonde met die Bure_ (1921) en _Doppers
en Filistyne_ (1922), wat in hoofstuk VI bespreek word; _Die Hoop van
Suid-Afrika_ en ander toneelstukke; _Twee Geskiedkundige Opstelle_[255]
in samewerking met G.S. Preller; in Engels: _Republicans and Sinners_ en
_The Everlasting Annexation_. _Aan Stille Waters_, wat nou in _Die
Burger_ verskyn, is 'n reeks artiekels oor onderwerpe van uiteenlopende
aard. Daar is verhale, fantasieë, gedigte en bewerkings van psalme,
gesange en Engelse liedere. Binnekort verskyn dit in die _Almal se
Boeke_-serie, terwyl die gesange al afsonderlik uitgegee is onder die
tietel _Afrikaanse Gesange_. _Die Eensame Hoop_ (1922) is 'n
kinderverhaal.
Ons Weg deur die Wêreld.
(Afdelings II en III.)
In die eerste verhaal raak Ou Verkeerde Faans "'n onvermoeide ou
twismaker" onder die strelende warmte van die kaggel al sy kwellings
kwyt. Maar daar sal "nie more weer vuur in die kaggel wees nie" en
daarom moet Neef Kerneels maar dadelik die saak oor die bogslootjie
tussen hom en sy buurman skik. _Lammetjie en Wolf_ is die verhaal van 'n
verdwaalde kindjie, wat in die hande raak van 'n verstokte misdadiger,
vir manslag tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel. Klein Miemie
verteder die ou sondaar se hart en hy bring haar terug na haar ouers.
Die omkeer by Hans Bonsa word alleen op betogende wyse beskryf; daar is
geen plastiese uitbeelding, soos van Miemie se dwaaltog nie, wat met
mooi innigheid geteken word. Dieselfde innigheid tref ons in _Twee Oues
van Dae_, waar 'n grysaard op gevoelige wyse uiting gee aan sy liefde
vir 'n troue hond. _Die Nuwe-Jaars-offer_ is 'n verhaal van 'n jonge
man, wat gewillig die dood tegemoet gaan om 'n medeminnaar te red. In
die _Brief_ klink die fyn sarkastiese toon van _Doppers en Filistyne_ al
helder op, en ook die _Sonde met die bure_-motief is aanwesig.
"Eergister het Bertus Bakbene weer 'n straal van my beurt water gesteel
om sy ou pattatta-tuintjie nat te maak en ek het sy jong se graaf daar
uit sy hande geruk en hom 'n skrams raps daarmee oor die korrelkop gegee
en toe in die uitkeerplek ingerol om weer reg te lawe" (p. 48)[256].
Waterlei-moeilikhede gee ook in _Doppers en Filistyne_ aanleiding tot
kostelike humor, maar Oom Stoffel moet op die dorpse bure 'n meer
verfynde taktiek toepas. Die naskrif van die brief is 'n mooi voorbeeld
van misplaatste moederliefde. _Die Kluisenaar van die Karro_ "kon ...
uit elke bossie 'n preek haal" (p. 60). Dit is 'n botaniese les in
aantreklike vorm. _Meester_ bevat skoolherinneringe. Dat meester egter
"'n _suiwere_ Nederlandse aksent" had is onjuis, want die Nederlandse
"e" is allesbehalwe "presies die Afrikaanse ij" (p 62).
Die _Fantasieë_ begint met 'n allegorie in Bybelse styl. In die orige
stukke is "Boet Nelie" 'n grysaard, wat soos Jonathan in _Waarheid en
Droomen_ op weemoedige wyse aan mymer gaan. Hy het 'n hunkering na die
ou "romantiese, skilderagtige" boereplase "met onbewerkte hoekies en
kweek-plekkies onder 'n skaduboom om op te lê en droom" van sy kinderdae
(p. 77). Niks is daar wat hom so treurig stem nie as die gestadige
verwoesting van soveel heerlikheid in die natuur deur die moderne
boerderymetodes. "Alles moet nou gelyk gemaak word--gelyk en reghoekig
en reglynig. Die tyd van sentiment is verby: dis nou die dag van
besigheid". Daarom gaat Boet Nelie vir laas kuier na die ou watersloot
en hy gesels op vertroulike wyse daarmee oor die ou dae. Hy is ook, die
vriend van die ou wa, wat vir brandhout moet verkoop word. Die sê van
Nelie "Sy hart is so vol liefde dat daar plek is vir al die ou goedjies
wat hy as kind mee maats gemaak het en al is hy nou 'n bejaarde man ...
dan kom hy nog met my gesels net soos toe hy 'n kind was--met my, die
stomme ou wa asof ek 'n mens was net soos hy" (p. 100). Die motorkar wat
Nelie mee plaas toe ry "is 'n masien. Daar is geen siel in hom nie en hy
roof my van my siel ook." (p. 105.) Op die ou geboorteplaas vind hy
nêrens troos nie. "Al die ou dinge wat sy hart aan vasgekleef het en die
metgeselle van sy skooldae en die dierbare van sy huisaltaar word een
vir een weggeruk ..." (p. 107.) Maar die ou berg het staande gebly en
die moet vir hom die raaisels van die lewe help oplos. "Seg my, my ou
berg, wat is die plan van die hele besigheid?" (p. 109.) Net soos Elia
wil hy weg wees "van die kranksinnige gewoel van die wêreld en nader
naar die troosvolle rus van die voorportaal van die hemel" (p. 110). En
die berg vertel hom: "dis nie die groot dinge wat belangrik is (nie)."
(p. 110.)
Op die weemoedige kadans van sy mymerstemming laat Nelie hom saggies
voortwieg en die klare eenvoud[257] van sy volsinne, wat met rustige en
kalme geleidelikheid mekaar opvolg is in harmoniese ooreenstemming
daarmee. Maar die doodnugter opmerkings oor mishandeling van die maag,
en die walging vir "insak-gansveermatrasse", waarin party mense op
"bloedige Karro-somerdae" kruip--dit is wanklanke in die
fantasie-atmosfeer.
Blykens die voorberig van die derde druk het Langenhoven afgesien van
"die imperfektum wat (hy) eentyd van malligheid wou invoer".[258]
Eienaardig is die gebruik van "ieder 'n mens" i.p.v. iedere mens[259],
"tussenposend" (p. 67), "'n lustige gemak" (p. 84, _Ons Weg_). Enkele
minder gelukkige uitdrukkings kom voor: die kalwertjies wat wil laat
drink wees (p. 15); die dik doringplate ... het begint minder te
weergalm (p. 19); 'n groot karree-boom, _wie se_ diepgaande wortels....
(p. 41); hy stuur hom daar haal (p. 54). Daar is 'n paar
opslag-mangelwortels tussen die beetrye,[260] o.a.: "sonder om enige
partikuliere persoon toe te spreek (p. 6); met 'n effe suggestie van
rood (p. 80, _Ons Weg_); die doodskleed van die nag word ingegaar deur
die hand ... (id. p. 79).
Daar is oorspronklike beeldspraak: as verkoue en sinkings jou gelyk
beetkry "een aan die disselboom ... en die ander aan jou briek ..." (p.
6); maar taamlik afgeslyte kom ook nog voor o.a.: die veld ... weef 'n
prag-tapyt op die vloer van die aardse tempel ... (_Ons Weg_, p. 29);
die onstuimige boesem van die rivier (p. 88); om snare in die
liefde-ontblote hart aan te roer (p. 21); die laken of doodskleed van
die winter, (_Ons Weg_, p. 78).
§ 5. Christian Zinn.
Van Christian Zinn het in 1911 verskyn: _In Harte Verenigd_, of _Sketse
uit die Boere-Lewe_. Dit is 'n verhaal uit die tyd van die
Jameson-strooptog en Anglo-Boere-oorlog, waarin die skrywer geleentheid
vind om heelwat politieke beskouings aan die man te bring. Die dapper
held, mooi meisie en lae verraaier ontbreek nie. Die liefdesverhaaltjie
is vol soeterige sentimentaliteit. Daar is o.a. sprake van "'n miljoen
dralende soene"! Die historiese gebeurtenisse word oppervlakkig behandel
en die uitwerking daarvan op die uitgebeelde persone uiters gebrekkig
aangedui. Letterkundige verdienste het die verhaal nie, want die styl is
onbeholpe, gebrekkig en taamlik vol anglisismes. Vir die taalkundige kan
dit interessant wees, omdat daar soveel oorgangsvorme in voorkom. Van
die woord _baie_ het Zinn blykbaar 'n groot afkeer; dit kom glo maar
eenmaal voor (p. 127). As voorbeeld van taal, styl en spelling kan die
volgende dien: Dit was net als of Suid Afrika verdoemd was om 'n
vreselike terugsetting te kry net so's voorspoed in bereik was. Die land
had mooi vooruit gegaan, in alle rigtinge was verbeterings te bespeure,
kapitaal had ingevloei, en die wonderlike rykdom wat S.A. eige is, werd
geopend, (p. 33); Sannie haar auntie Maria maak net goeie vooruitgang
met haar jongste minnaar, 'n jeugdige luitenant die met 'n party van die
Yeomanry uitgekom had, en die so opgenome was met die lewe in die
uitgestrekte Karroo, dat hy met graagte daarnaar vooruitsiet om sig neer
te set tot vee-boerdery ... (p. 132).
§ 6. Dr. D.F. Malherbe.
Vir sy lewensloop en werk kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar se
proefskrif.[261] Van belang is die volgende meedeling: "As 17-jarige
knaap het hy een keer deur die Karo gery sonder om meer te sien as 'n
vervelige uitgestrektheid van vlakte, dor en verlate. Maar toe hy in
1907 weer in daardie omgewing kom, het dit hom magtig aangegryp. Daar
was vir hom so 'n wonderlike geheimsinnigheid in, so 'n bekoring dat hy
gemeen het om daar vergoed te bly. In dié stemming is sy eerste werklike
gedigte geskrywe."[262] Vir sy prosawerk ook, is soos nader sal blyk, sy
verblyf in die Karo van groot belang gewees.
Vergeet Nie, (1913).
In die nabyheid van die rustige Karodorpie, Steenburg woon die Du Pré
famielie op die plaas Rietfontein. Oom Willem en Tant Annie het saam oud
geword in die Karo-eensaamheid. Hul dogter, Bettie is ook 'n "kind van
die vrye veld, 'n pragtige voorbeeld van die Afrikaner-meisie". Oom
Willem is enigsins melankolies van geaardheid en die oorlogsgerugte
vervul hom met 'n donker voorgevoel. "Die vuur sal brand van noord tot
suid ... en dit is my asof ... ek die end nie sal belewe nie", so lui sy
profetiese woorde op die vooraand van die groot kriesis. En die plegtige
huisgodsdiens is nog nie afgeloop nie, toe Servaas Vermaak, die bywoner,
wat dorp toe was en daar Adonis as skaapwagter gehuur 't, met die
oorlogstyding vergoed 'n end maak aan die "rustige rus" van die
plaasbewoners. Nie lank na Servaas kom Bettie se verloofde, Piet Marais,
geneesheer op Steenburg om afskeid te neem. Hy is Kolonialer, maar offer
al sy goeie vooruitsigte op om by die Boere-ambulans in diens te tree.
Oom Willem, wat in alle sake die Bybel tot rigsnoer neem, veroordeel
rebellie, maar heg tog sy goedkeuring aan Piet se daad, as hy hoor dat
hy veral gaan om geneeskundige hulp te gee. Met gloeiende geesdrif
verdedig Piet sy handelwyse teenoor Bettie se besware en peil dan op sy
vosperd reguit Boere toe. Ons ontmoet hom weer by die Boeretroepe, maar
nie meer as Rooikruisdokter nie, want dis al die tydperk van
guerilla-oorlog. Piet is trots al die teleurstellings nog dieselfde
vurige entoesias, die geswore vyand en bestryer van papbroekerigheid.
"Nee, manne, laat ons saamstaan(,) almal wat kan tot die end." Onder sy
invloed word die flouhartige Japie du Plooy en Oom Jan ook
"bitter-einders".
Intussen kom Bester, die beroemde rebelle-kommandant met 600 man die
eentonigheid van 'n vervelige namiddag verdryf op Rietfontein. Bester,'n
35-jarige man, wat tot hiertoe alle vroue met onverskilligheid verby
gegaan 't, moet dadelik "hands-op" vir Bettie! As sy na Piet verneem,
deel hy haar mee, dat hy weet van 'n Dr. Marais, wat vroeg in die oorlog
aan koorssiekte dood is. Hy beloof haar om nader inligtings in te win.
Oom Willem verwek heelwat ontstemming onder die rebellekommando deur die
verdediging van sy bybelse standpunt aangaande trou aan die regering.
Die volgende oggend sukkel hy dorp toe met sy eseltjies om die besoek
van die Boere aan Kommandant Hunt te rapporteer, en loop 'n lelike
skrobbering op, omdat sy rapport so laat inkom.
Bester se liefde vir Bettie beïnvloed die bewegings van sy kommando en
deur sy herhaalde besoeke aan Rietfontein raak die Du Pré famielie in
die moeilikheid. Oom Willem, pas herstel van 'n swaar siekte word in 'n
vreeslike storm dorp toe gevoer deur die Engelse. In haar radeloosheid
bedenk Bettie 'n wanhopige plan om haar pa te red. Sy skryf 'n brief aan
Bester, wat met sy kommando nog in die nabyheid verkeer, en laat dit
deur Servaas besorg. Maar Adonis verklik alles aan die Engelse en as
Servaas terugkom van sy vrugtelose tog, word hy saam met Bettie en haar
moeder na die tronk geneem. Oom Willem en Servaas word na Port Alfred
gestuur deur die militêre, Bettie kom agter die tralies, terwyl Tant
Annie vrygelaat word op parool.
Intussen het Dr. Marais een van Genl. De Wet se vertroudes geword en as
Du Plooy met rapporte na die Kolonie vertrek, kry hy 'n brief vir Bettie
mee, wat hy in Bester se hande laat. Maar deur sy poging om die brief
aan Bettie te besorg, raak Bester gevange en word ter dood veroordeel.
In die tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel, dat Piet nog leef.
Kort na Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na
Rietfontein. Oom Willem het kort na sy aankoms in die kamp op Port
Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou.
* * * * *
Bettie word ons voorgestel as 'n ideale Boermeisie. Alleen die feit, dat
sy haar afgeleefde ouers nie kan verlaat nie, weerhou haar om Piet se
voorbeeld te volg en aan te sluit by die ambulans. In die gevangenis en
teenoor Hunt gedraag sy haar kloek. Sy is blykbaar trots op die rol wat
sy gespeel 't, en as Piet haar na die oorlog vra, of sy bereid is om vol
te hou in die groot stryd teen die Engelse kultuuroorweldiging, antwoord
sy met 'n tikkie verontwaardiging in haar stem: "Piet, mag jy my nog so
'n vraag vra nadat ek _soveel opgeoffer en gely het?_"[263] Dit kom my
egter voor asof Bettie haarself _moedswillig_ in die ongeluk gestort 't,
en as dit die geval is dan verloor haar "offer" vir die nasionale saak
heelwat van die heroïese kleure, wat die skrywer daarin geweef 't.
Op pagina 66 staan: "Al die veerkrag van haar nasionale gevoel is deur
die oorlog in volle beweging gekom, en niks is daar sterker by haar
gewees as _die wens om positief te mag meedoen aan die stryd nie_. Maar
hoe kon sy haar ouers verlaat? Onmoontlik vir haar om uit te gaan as
verpleegster! En so is dit haar ernstige gebed geword dat sy op watter
wyse dit God behaag 'n aandeel mog kry aan die oorlog. En as sy niks kan
meedoen nie, dan wou sy meely met haar volk." Hoe edel hierdie besluit
op sigself ook al mag wees, dit neem die feit nie weg, dat Bettie se
naasbysynde plig ongetwyfeld was om vir die veiligheid van haar
afgeleefde ouers te sorg. Maar as sy by haar vader se siekbed moet waak,
dan spook die gedagte van deelneem aan die oorlog, wat 'n _idée fixe_ by
haar word altyd deur haar brein: "Sou die Here haar roep om haar siek
vader op te pas, en mag sy daarom geen deel hê aan die oorlog nie? Sou
dit haar roeping en werk worde, beskeie en stil, _waar sy hoë aspirasies
had?_"[264] Piet Marais se oorlogsgeesdrif en wie weet, miskien ook die
Engelse romans, wat sy van die skool af meegebring 't,[265] het haar
blykbaar taamlik sentimenteel gestem en haar belet om 'n nugter kyk op
sake te behou. As Bester haar meegedeel 't, dat 'n sekere Dr. Marais in
die begin van die oorlog aan koorssiekte dood is, maak sy allerhande
onuitvoerbare planne--"sy sou stilletjies wegraak, te voet loop as dit
al was, haar lewe daaraan waag, sy sou sôre, dat sy êrens by die Boere
te lande kom, sy sou Piet soek ... en as hy waarlik dood was, _sy graf
met haar trane bevogtig!_"[266] Die laaste sinnetjie kon wel in een van
Feith se romans gestaan 't! Daar is trouens meer wat ons aan die
sentimentele romans van die agtiende eeu herinner. 'n Paar ou briewe van
Piet maak sy "met voldoening ope en lees dit in stil mymering en met die
gevoeligheid van 'n teer vrouehart." (p. 64.) Dat Bettie "in die
traag-skrydende ure van die nag" romantiese plannetjies uitgedink het,
is psigologies volkome juis, maar ons is nie gewend, dat 'n flink
Boermeisie van drie-en-twintig jaar, wat bowendien reeds op haar
agtiende jaar "selfbewus en ryp genoeg vir verantwoordelikheid" (p. 33)
was, dat so 'n meisie, tans die enigste[267] stut en steun van haar grys
ouers in uiters benoude dae haar al te lank oorgee aan 'n Wertheriaanse
sentimentaliteit nie.
Bettie se volgende dade toon dat sy doelbewus, ja moedswillig alles doen
om "'n aandeel aan die oorlog te kry"--m.a.w. sy leg die veiligheid van
haar ouers in die waagskaal ter wille van 'n meisiesagtige gril, wat sy
vir "hoë aspirasie" aansien! Sy weet, dat haar pa 'n swartkruis agter sy
naam het, dat die geringste suspiesie hom in lewensgevaar kan bring en
tog ontvang sy Bester "alleen in die sitkamer" (p. 92). Bester het
ongetwyfeld 'n sterk indruk op haar gemaak, en ofskoon sy trou bly aan
Piet en haarself wys maak, dat "as Piet dood is, sy ook dood (sou) wees
vir die wêreld" (p. 90), sien sy tog verlangend uit na Bester se
terugkeer. En nie alleen omdat sy hoop, dat hy nuus van Piet bring nie.
Piet behou wel die ereplaas in haar gemoed, maar uit die omstandigheid,
dat sy oorweeg wat Bester vir haar kan beteken in geval Piet werklik
dood is, kan ons besluit dat sy persoonlikheid haar diep getref het. Sy
redeneer so: "Sy is mos sterk genoeg, sy het Piet _te_ lief om aan enig
ander man te dink" (p. 95). En sy doen dit tog! Bettie maak 'n kriesis
van ernstige weifeling deur. Sy het Bester lief en al wat haar terughou
is "die dure besef van plig en eer." (p. 99.)
Oom Willem het dadelik die groot gevaar ontstaande uit die herhaalde
besoeke van Bester ingesien en Bettie ernstig gewaarsku (p. 95). Sy het
volkome goed geweet, "dat alle persone, wat geheime konneksies met so 'n
gevreesde en verwenste mens het op die ongenadigste manier sou gestraf
word." (p. 96.) Tog ontvang sy Bester nòg eenmaal alleen--sy dink nie
aan die gevaar waaraan sy haar ouers blootstel nie, ofskoon hy haar
meedeel dat sy stap gevaarlik is en dat die Engelse dus naby is--sy gaat
_swygend_ met hom die sitkamer binne en steek nog daarby 'n kers op (p.
97). Op die manier, bewerk sy haar pa se ongeluk. Kan ons haar dus glo
as sy uitsnik: "Ag Pa, ek kan dit nie help nie, ek is net so onskuldig
soos Pa"? (p. 102). Miskien wel; miskien was dit bloot vroulike
onversigtigheid. Maar die volgende stap van Bettie--die brief wat sy aan
Bester skrywe--is alleen verklaarbaar as 'n moedswillige poging om
haarself "'n aandeel aan die oorlog" te verskaf. Sy kom tot die
konklusie, dat alleen Bester haar pa kan red. Het sy gemeen, dat hy die
Engelse moet agtervolg en Oom Willem terugbring plaas toe? Moes Bester
vervolgens Rietfontein verdedig teen die Engelse oormag? homself, sy
kommando en die vrouens laat platskiet ter wille van één man? Of moes hy
die afgeleefde, sieklike grysaard, teen die se eie wil saamsleep op sy
swerftogte? In haar opgewondenheid het hierdie eenvoudige oorwegings nie
by haar opgekom nie en in haar naïewe geloof aan Bester se al-sterkheid
skryf sy aan hom--'n impulsiewe daad--psigologies volkome juis. Maar
haar moeder se opmerking, dat haar plan gevaarlik is, bring haar nie tot
nadenke nie. En plotseling blits dit deur haar gedagte: Nou kan ek my
"hoë aspirasies" bereik--sy kry die "besef ... dat sy self in die
draaikolk van gebeurtenisse begin meedans. Was dit dan nie altyd haar
ernstige versugting nie?" (p. 107). Juis, sy is lank al moeg vir die
eensame lewe op die plaas, waar sy al meer dan 'n jaar opgesluit sit.
Haar romantiese siel smag na dade van durf en intussen suggereer sy
haarself, heeltemal ter goeder trou, dat sy alles doen om haar pa se
ontwil!
Maar Servaas is die man, wat haar tot rede sal bring! Hy weet meer dan
sy: "Die vlakte, die bossies, dit lewe van duisende kakies so na Vaaldam
se kant toe. Die hele wêreld is vanaand vol van hulle." (p. 110.) Hy
erken: "dis byna verniet om so iets te probeer en daarby gevaarlik." (p.
109.) Helaas! Arme Servaas verloor ook àl sy gewone boere-nugterheid--hy
kan "die vurige pleit van 'n skoon jonkvrou" nie weerstaan nie! En hy
gaat jou waarlik waar op die dollemansboodskap uit, ofskoon sy vrou
uitdruklik verklaar dat dit "gek mense se werk is om so iets te doen"
(p. 112).
By 'n nugter beskouing van die feite moet ons kies tussen twee
opvattings: (1) òf Bettie is ten spyte van haar drie-en-twintig jaar nog
maar _'n bogkind_ soos Janetta haar noem, wat met die grootste
onversigtigheid haarself, haar ouers en Servaas in die ongeluk stort, òf
(2) in 'n toestand van radelose opgewondenheid maak die _idée fixe_ "om
haar deel aan die oorlog by te dra" haar onbekwaam om die simpelste
logiese gevolgtrekking te maak. In albei gevalle word dit dan egter
onmoontlik om haar handelwyse as 'n onselfsugtige, edele daad te beskou
en verloor haar =offer= sy grootse betekenis. Soos Malherbe haar geteken
't kan sy nooit as heldin, as die "moedige Boermeisie met haar sterk en
besliste karakter"[268] beskou word nie. Sy is eenvoudig die slagoffer
van haar kinderlike onnoselheid of van haar "hoë aspirasies", wat ons
medelyde opwek, en die bewondering vir haar kloek gedrag in die
gevangenis word getemper deur die bewussyn, dat dit alles onnodig was,
terwyl ons haar bowendien met reg kan verwyt, dat sy haar ouers en
Servaas met sy famielie in die ongeluk gestort 't--ja selfs die dood van
haar vader verhaas het. Bettie, soos die outeur haar wil voorstel, is 'n
psigologiese teenstrydigheid.
M.H. van Campen het die raak opmerking gemaak, "dat kunst het
_zichtbaar worden der noodwendigheid in 't, voorgesteld gebeuren_ ten
gevolge heeft, en dat het blijken dier noodwendigheid de schóónheid van
't _voorgesteld gebeuren_ uitmaakt."[269] Dit is juis die sigbaarwording
van die noodwendigheid, wat ons in Bettie se "offer" mis. Malherbe het
een van die mees dramatiese momente in sy verhaal laat glip. Hy gee ons
self die gegewens vir die uitbeelding van 'n geweldige konflik: aan die
een kant Bettie se geheime liefde vir Bester, die bestaan waarvan sy
self nog nie wil erken nie; daarmee saamgevleg die hoop, dat hy haar
iets omtrent Piet Marais sal kan meedeel en bo-op dit, haar kriewelige
ongeduld om na 'n jaar van gedwonge niks-doen eindelik haar lang
gekoesterde plan om aktief op te tree in die oorlog uit te voer. Aan die
ander kant: die besef dat dit haar plig is om terwille van haar ouers en
as verloofde van Piet, wat miskien nog leef alle omgang met Bester te
vermy. As Bettie in só 'n konflik eenvoudig haar naasbysynde plig gedoen
't, dan sou ons haar _ook sonder om te weet_, dat sy dapper was in die
tronk, as 'n heldin kan bewonder.
_Vergeet Nie_ is 'n aaneenskakeling van dramatiese tonele, waarin die
oorlog voor ons geestesoog verbytrek. Sonder veel verandering sou dit
dan ook moontlik wees om die roman om te werk tot 'n toneelspel, waarin
daar wel veel aksie, maar weinig botsing van hartstogte sou voorkom Ons
kry 'n indruk van wat daar gewoel en gekook het in die hart van die volk
gedurende die oorlogsjare, van die lyding van vrouens en oumense, van
die dapperheid van die Kolonialers, die laagheid van die _National
Scouts_, die vervolging en plaery onder die krygswet. Maar by die
beoordeling van die boek moet ons een faktor veral nie veronagsaam nie:
dit naamlik, dat die teenswoordige geslag nog in meerder of minder mate
_onmiddellik_ betrokke was in die gesketste gebeurtenisse, dat daar
tallose herinneringe van die groot oorlog nog lewe in ons bewussyn. Dié
herinneringe word deur die skrywer in dramatiese verhoudinge gegroepeer
en iedereen kan dadelik uit sy eie ondervindinge analoge gebeurtenisse
rekonstrueer. Dit versterk die indruk wat die gelesene op ons maak
honderdvoudig. Die skrywer roep ou halfvergete impressies uit hul
wegkruipplekkies te voorskyn. Op onbewuste wyse vul ons self die verhaal
aan, en so kry dit op laas 'n aktuële kleur, 'n sterk geprononseerde
persoonlike karakter, wat die leser tot in die diepste roersele van sy
siel beweeg, maar wat die verhaal _op homself nie besit nie_.
Ek noem een voorbeeld om my bewering te verduidelik. Die teregstelling
van Bester herinner ons dadelik aan Kommandant Scheepers. Die
oorspronklike ontroeringe, veroorsaak deur die tragiese uiteinde van
Scheepers, versterk die indruk, wat die soortgelyke lot van Bester by
ons verwek en raak daar gedeeltelik mee geïdentifiseer. Die gevolg is,
dat Bester-Scheepers in die roman 'n werklik lewende persoonlikheid vir
ons word.
Maar nou ontstaan die vraag: Is Bester, wanneer ons ons persoonlike
ervarings heeltemal uitskakel, nòg 'n lewende persoonlikheid, ontroer
die wyse waarop Malherbe hom uitgebeeld het ons dàn nog? Dit is die
enigste wyse waarop ons die kunswaarde van _Vergeet Nie_ vir die
_nageslag_ kan bepaal, want oor 'n tagtig of honderd jaar, sal die boek
nie meer in so 'n voordelige posiesie verkeer nie, dan kan dit alleen
nog profiteer van die nasionale oorleweringe van die groot stryd. En
selfs dìt sal die boek nog 'n groot voorsprong gee, want by 'n volk met
'n kragtige bewussyn word die nasionale helde uit 'n vergange
glanstydperk altyd met 'n stralekrans van heilige aanbidding versier.
Dit is bekend dat _De Geuzen_ van Onno Zwier van Haren lank as 'n
kunswerk van die hoogste skoonheid beskou is, eenvoudig omdat dit 'n
nasionale onderwerp behandel.
Maar ons keer terug tot Malherbe se karakteruitbeelding en vraag: Wat
weet ons nou eintlik van Bester? Hy is 'n bekwame en dapper kommandant,
wat verlief raak op Bettie. As hy hoor, dat haar verloofde nog leef,
besluit hy na enige stryd om haar dit mee te deel. In die hof verdedig
hy sy handelwyse op hartstogtelike manier en gaat sy dood tegemoet soos
'n held. Alleen by die beskrywing van sy laaste dae kry ons enigsins 'n
blik op sy sielelewe en die totaalindruk bly vaag. Bester is sonder
lewensdoordringing geteken, daar is niks indiwiduëels, wat hom tot 'n
duidelike persoonlikheid maak nie.
Piet Marais eweso. Hy is 'n tiepe van die ontwikkelde Afrikaner, wat
deur 'n vyfjarige studie in Europa sy insigte verruim en sy lewe verdiep
het. Hy het daar "jare van worsteling" gehad, hy moes dikwels "met smart
afskeid neem van oortuiinge wat (hom) in vlees en bloed oorgegaan (was)
van (sy) kindsheid af." Hy was 'n ernstige soeker na waarheid, wat uit
ou tradiesies en nuwe wetenskap vir homself 'n eie lewensbeskouing
gebeitel het. In die karakter van Piet lê seker 'n stukkie
outobiografie, maar in 'n oorlogsroman was daar geen kans vir 'n
psigologiese uiteenrafeling van hierdie interessante fase in die
ontwikkeling van die Afrikaanse student nie. Ons wag nog op die
kunstenaar, wat die botsing en gedeeltelike samesmelting van die
Afrikaanse en Europese kultuur moet uitbeeld.
Ons verneem ook nog enige besonderhede van Piet se oorlogservaring en
hoe hy verlang na Bettie. Maar 'n lewende persoonlikheid, met wie ons al
die wisselende stemminge van die awontuurlike kommandolewe deurvoel,
word hy nie.
Ook Tant Annie bly 'n vae figuur. Op Bettie het sy blykbaar geen invloed
nie. Selfs aan Hunt was dit duidelik, dat sy geen aktiewe rol kon speel
nie en die treurige gebeurtenisse slaan haar dan ook heeltemal terneer.
Oom Willem is met meer liefde geteken. In sy bybelvasteid, sy afkeer van
pronk en na-apery is hy 'n tiepe van die Afrikaanse boer. Ons verneem
dat "dors na kennis hom aangespoor (het) tot selfopvoeding", maar uit
die opgawe van sy biblioteek blyk, dat dit hoofsaaklik godsdienstige
kennis was, waar hy na gestreef 't. Hy bly getrou aan die Engelse
regering, omdat sy godsdienstige oortuiging hom leer, dat rebelleer
sonde is. Maar, as hy later persoonlik kennismaak, met die onregverdige
taktiek van die Engelse, laai sy haat op teen die vyand van sy volk en
kry hy simpatie met die rebelle. _Vergeet nie_ is die plegtige boodskap,
wat hy aan Servaas gee op sy sterfbed.
Bester, Piet Marais en Tant Annie is karakters, wat _getiepeer_, maar
nie psigologies _gekreëer_ is nie. Die skrywer staan te veel met sy eie
ekheid tussen die objektief beeldende teksdele, hy mis die gawe om sy
gegewens tot 'n saamgegroepeerde eenheid te bring, om sy persone
heeltemal objektief van uit hul eie innerlike wese te laat lewe. Deur
die subjektief deurleefde werklikheid vleg hy sy eie beskouings en
daardeur verdwyn die realiteitsillusie. Die roman word 'n
aaneenskakeling van dramatiese momente, maar geen epiese struktuur,
waarin die ganse sielelewe van 'n groot tydperk in sy gehele menslikheid
tot een grootse beelding samesmelt nie.
As Piet Marais oorlog toe ry hoor ons: "Dis die eerste rit vanaand van
'n besielde Kolonialer na 'n slagveld wat so groot sal word soos byna
die gehele beskaafde Suid-Afrika, na 'n oorlog wat nie sal oortref word
in gemene gruweldade nie ... ens." (p. 22). Dit is wat Malherbe weet,
maar Piet was tog geen profeet nie. Op hinderlike wyse dring die skrywer
homself hier op die voorgrond.
Sy historiese kennis verwerk Malherbe presies soos De Waal. Op pagina
52-54 staan 'n lang oorsig van militêre gebeurtenisse en op pagina 63-64
'n uiteensetting van die toestande onder die krygswet. Alleen deur 'n
betoog kan hy die nodige atmosfeer vir sy verhaal skep. Só kry ons geen
begrip van die dramatiek van die worsteling nie.
Soms egter slaag Malherbe daarin om deur pittige plastiek die leser
direk te tref. 'n Voorbeeld daarvan is die mooi kommando-toneeltjie in
hoofstuk X, waar 'n lewendige dialoog ons dadelik op hoogte van sake
bring. Die brief uit die konsentrasiekamp met sy bemoedigende woorde:
"Gaan voort, want ons saak is reg en God sal ons nie verlaat nie" laat
ewe ons gemoed tril en ons sien die duisende vroue in geduldige lyding.
'n Oomblik later vaag die nugter vraag van Generaal De Wet: "Hoe is die
posiesie?" alle droomgepeins weg. Maar as kort daarop "soos 'n magtige
gebed waar berusting in ruis" die burgers se plegtige lied tussen die
koppies weergalm en die generaal en sy staf met eerbiedig gebaar hul
hoede afhaal, dan sweef ons op die klankedeining na 'n wonderland van
heilige herinnering--dan sien ons die stoere manne "saamsing met vrou en
kind, met vrind en bloedverwant onder gewyde dak...." Hier is innigheid
van weergawe. Ons voel die diepe kneusing van sterk manneharte, wat op
die nuwe dag in stille Godsvertroue wag. 'n Skrywer, wat so mooi die
nodige sfeer met uiters gevoelige tikkies kan aandui, hoef waarlik nie
sy toevlug tot koel-verstandelike histories geredeneer te neem nie. Hy
hoef nie uit sy denkbewussyn allerlei verklarende toeligtings aan te
voer nie--die leser vang dadelik die aksent van waaragtigheid uit die
klank van sy woorde op.
Maar selfs by hierdie mooi veldtablo kom die skrywer se opdringerigheid
te pas. Hy vind dit nodig om weer blyk te gee van sy historiese kennis
en vertel ons dat "die wêreld in kampe van blokhuise afgeperk is ...
waaromheen swaar kolomme opereer met 'n onuitputlike gedetermineerdheid
om die groot veggeneraal van die Boere in die reusenetwerk van bewegende
lyne toe te wikkel".[270] Dat De Wet se gevangeneming die Boer-magte sou
knak is 'n feit, só vanselfsprekend, dat die meedeling daarvan absoluut
oorbodig is, vir ons _èn vir die nageslag_. Mens sou ewegoed 'n Fransman
daaraan kan herinner, dat Blücher en Wellington vir Napoleon wou vang by
Waterloo!! As die skrywer die orige informasie tog wou meegedeel 't, dan
moes hy dit so in die dialoog gevleg 't, dat ons dit nie voel as 'n
opsetlik skoolmeesteragtige opmerking nie.
Gebrek aan plastiek is daar in die volgende sinnetjie: "In 'n
omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer." (p. 135.) Dit is 'n blote
konstatering, wat by die leser geen impressie van die handeling wek nie.
En juis in die vorige sin slaag die skrywer daar pragtig in om deur die
herhaling van die woord _afsaal_ 'n duidelike gehoorbeeld te suggereer.
"Afsaal", klink dit deur die rye, "afsaal tot ver agteruit en rondom".
Ons hoor hoe slaperige burgers met sware basstem mekaar die woorde nasê,
totdat die klankeketting dreun in die agterste gelid. Maar in plaas van
die gehoorhallusinasie te verinnig deur die geskuifel van die saals, wat
met dowwe plof en stiebeuelgerinkel op die aarde bons, kom die skrywer
met sy niksseggende verklaring: "In 'n omsientjiestyd is die welkom
bevel uitgevoer."
Nog so 'n geval vind ons op pagina 13. "Dit kan stil, ontsettend stil
word op Rietfontein. In die middel van die dag kan dit gebeur dat daar
geen lewensteken te bespeur is nie." Uit so 'n beskrywing blyk duidelik,
dat die outeur nie _in_ die toestand is nie, maar praatjies _oor_ die
toestand maak. Hoeveel mooier is die beeld waarmee hy ons dadelik die
stilte en eensaamheid op Steenburg laat voel--die dorp, "waar alle
geluid en rumoer van menslike bedrywigheid nietig wegsterwe _soos die
breek van 'n dun, droë takkie in 'n ontsaglike woud_".
Dan is daar nog iets wat hinderlik is in die kommando-toneel. Japie du
Plooy is "deur die invloed van Dr. Marais tot 'n waaghals en onvermoeide
verkenner _omgetower_." (p. 138.) Ook al "in 'n omsientjiestyd"? Vir so
'n sielkundige bolmakiesie het mens 'n ouderwetse toordokter nodig en ek
twyfel of Piet dié kuns in Duitsland geleer 't.
Daar is nog meer voorbeelde van die neiging van die skrywer om hom
tussen sy verhaal en die leser te plaas. Servaas kom die dorp ingery op
die 12de Oktober 1899. Dan kry ons in enkele raakgetekende lyne 'n
pragtige ets van Steenburg en omgewing,--maar dit is nie _Servaas_, wat
die dorp so sien nie--dit is _Malherbe_. Ons loop nie saam met Servaas
onder die peperbome nie. Nee, die skrywer sit op een van die koppies en
peins oor die "sukkel-werksaamheid" van klein mensies en die
wyd-omhemelde velde, waarin die dorpie "soos 'n nouliks sigbare stippie"
wegsink. Intussen vergeet ons Servaas totaal, verdwyn alle
realiteitsgevoel. Malherbe vertolk die gedagtes van sy persone deur _sy_
lieriese parafrase in plaas van die gedagtes self, in hul eie taal te
gee.
Op pagina 34 word die gang van die verhaal onderbreek deur die volgende
opmerking: "Arme Bettie en Piet, watter reggeaarde sou nie medely hê met
julle nie, ..." en op pagina 46 roep hy uit: "O, die wonderlike gawe van
heerlike ontboeseming aan die mensekinders gegee, ..."
Bettie se innerlike lewe word soms op fyn-psigologiese wyse deurvoel.
Haar tobbery oor die lot van die geliefde, die nuansering van haar
gevoelens by die verskyning van Bester, die manier waarop sy wik en weeg
wat hy vir haar sou kan beteken ingeval Piet werklik dood is, dit is
treffend uitgebeeld. Maar haar karakter word onwaar, omdat ons nie kan
glo aan die egtheid van haar "offer" nie. Ook die tekening van Oom
Willem is aandoenlik in sy egte menslikheid. Maar die groot betekenis
van _Vergeet Nie_ as literere kunswerk lê nie in die karakter-tekening
of komposiesie nie, maar in die styl met sy sterk persoonlike aksent.
Malherbe se prosa is byna heeltemal vry van vreemde invloed. Dit is
prosa met 'n eie ritme, prosa waarop 'n fyn digterlike waas rus. Hy
beskryf nie alleen die uiterlik van wat hy sien nie, maar dring deur tot
die innerlikste wese, sodat ons die geur daarvan kry. Die skroeiende son
brand ons deur die hele boek, ons sien die stowwerige dwarrelwinde op
hul grillige togte oor die vaal Karovlaktes. Al die wisselende
natuurtonele het die skrywer diep ontroer--die skaduwees van die swart
wolke, langsaam skuiwend oor die jong skaapbossies, wat "soos dwergies
koes"; die plasreens, wat neerbons met woeste geswiep, die langgerekte
kettingligte wat geheimsinnige tekens aan die swart hemel skrywe. Op
Rietfontein het hy die witgeswelde arms van die vyelaning gesien, "waar
die jong vye soos klein kindervuisies aan uitloer"; Steenburg teken hy
met 'n paar uiters fyn penseelstrepies--die "rustige Karodorp, dromend
in selftevredenheid en wyd omwoon deur slapende koprande wat in
donkerbruin pantser en ylvaal groei uitgebeiteld rus teen die ewig-blou
hemel aan."[271]
Sonder aarseling vertolk die digter die fantastiese skyn wat die dinge
in sy oog aanneem; sy impressionistiese beelde tril en bewe van jong
lewe. Sy metafore is nie spoggerige blinkgoed, wat as versiering van
buite opgeplak is nie, hul sit vasgegroei in sy skepping, wel spontaan
op uit sy onbewustheid. Adonis se ou baadjie is "lewensmoeg en klaar met
die wêreld", die kleurevariasie van sy gelapte ferweelbroek is "soos 'n
bont mensesee by 'n wedstryd waar die son sy ligte glans oor heenstrooi
op 'n vrolike somermiddag". So gee Malherbe ons telkens met 'n paar
raak-etsende woorde 'n verrassend-nuwe kyk, en haal hy skoonheid selfs
uit die flenter-ploiings van 'n ou Hotnot. Op die plaas het hy die
"dowwe basmusiek van die ooie, swaar van dreuning nes dié van 'n
aanstormende vloed afgewissel deur indringende skreenote van die
lammertjies" gehoor; hy het die kalwers stofdraaie sien maak as hul
onbekommerd die jong dag ingaan. Die swaar reendruppels spat teen die
vensterruite "of jy ertjies saai"; die westewind, "die hoopbederwer van
die Karoboer ... vlie tussen die wolke in en skeur hul uiteen met
dreunende en druisende gebaar. Wild klop hy hulle uiteen, die swaar
gepakte wolkemassas _soos 'n geoefende hanteerder van 'n sweep 'n digte
klomp vee_, totdat hul uitgedun heenseil, een-een wegsmeltend onder sy
verskroeiende asem, en die lug weer vry neerblou in die hittige
sonstrale."[272]
So magtig is die indruk van die natuur op die skrywer, dat hy al die
wisselende stemminge van sy persone met 'n stukkie natuurviesie
deurwewe. As Servaas "vol van vrees vir die toekoms" teen "die vaal
hange uitslinger met sy kar", dan lyk "die swygende rande so naar, so
onvriendelik nes dreigende ongediertes", dan ry hy op 'n pad, wat
"spookagtig wegslinger tussen die donker swartkoppe in." Wanneer Piet
Marais wegry van Bettie oorlog toe, dan is dit donkermaan, dan sing "'n
byterige Oktoberluggie 'n klaende sangetjie" in sy ore. En as Bettie hom
agterna kyk dan straal "die blinkende sterre met oë van genade op 'n
verbroke vrouehart" neer. By haar ontwaking die volgende oggend "lê die
sonnegoud heilig en skoon soos 'n glimlag van Gods genade" op tafelrande
en koppies. Vir Japie du Plooy en sy maats is die rooi lug 'n
onheilspellende teken. Die westewind laat Bettie huiwer; "net so wreed
en meedogenloos soos die stofstorm daar buite heenbruis, so het die
omstandighede ook met haar lewe gespeel!" Wanneer Oom Willem weggevoer
word van Rietfontein hang "'n afgryslike weer in die lug" en na die
storm ruis die sagte buitjies "soos 'n vreedsame verontskuldiging vir
verbygegane wreedheid" neer oor die onskuldige grysaard. En die vroue op
die plaas voel "of die natuur selfs geen simpatie en gevoel vir hul leed
had nie." Oor die kindertjies van Servaas "gly die sonstrale van 'n
koninklike somermiddag beskermend en seënend." Oom Willem sterf saam met
die ondergaande son en die geruis van die see is 'n plegtige dodeklag".
Wanneer Bester sy doodvonnis hoor, sien die son "soos 'n rustige god in
spraaklose medely op 'n toneel van menslike leed" neer. By die
uitvoering van die vonnis kom die son weer "net agter verre rande uit
... terwyl rondom die _ligfontein_ 'n bloedrooi halwe maan ver in die
blou uitsirkel. _Betyds gekom om bloedvermaak te aanskou_". Hier egter
kry ons die indruk, dat die son en die bloedrooi maan daar =met geweld=
bygesleep is. Veral die gekursiveerde sinnetjie bederf die stemming,
terwyl die omskrywing "ligfontein" banaal is.
Wanneer Piet en Bettie na die oorlog op die klipheuwel by Rietfontein
sit, dan "_treur_ ook die son in sy bloedrooi vlieserige omhulsel, 'n
weerglans van die bloed wat vergiet is op die Afrikaanse velde", maar
enige oomblikke later as hul twee siele "saam(vloei) in 'n heilige
vervoering van onvermengde geluk, van toekomsdrome en toekomsweelde" dan
"skemer die laaste _glimlag_ van die ondergegane son in roerlose stilte
uit...."
_Vergeet Nie_ begint met die son en eindig met die son. Meestal slaag
die skrywer daarin om met sy digterlike viesie op die natuur sy
stemmingsbeelde te verinnerlik, maar dit word ook soms bloot _manier_.
Naas eg-Afrikaanse beelde, wat getuig van fyn waarnemingsgawe kry ons
egter ook flou-geryde uitdrukkings soos: "Verder het hy die sleutel
waarmee hy onmiddellike toegang tot Bettie sou verkry", (p. 69); Bester
is oortuig van sy "onblusbare liefdegloed" vir Bettie (p. 96); Aan Oom
Willem het die willekeur sy skaamtelose hand geslaan (p. 149); Bester
het sy vonnis in die gesig gekyk soos 'n marmerbeeld (p. 186); die
maatskappy, waarvan hy 'n bruikbaar lid geword het (p. 17); vanaand sal
'n nog bitterder leed haar siel deurboor (p. 19); Daar brand 'n vuur,
daar gloei 'n drif, 'n hartstog wat geen stormvloed sal uitdoof nie,
daar setel 'n beslistheid wat die teerste bande nie sal verander nie.
(p. 22). En so staan hy daar voor Servaas as 'n toonbeeld van goeie
voornemens.... (p. 7); ens.
Ook onvervalste retoriek: Die suiwer suiderhemel met sy ontelbare
_flikkerbronne_ ... 'n _klanklose(?) prag van lewende juwele_ gesaai oor
die grondelose _boesem_ van die lug, ... (p. 44); 'n gloeiende naald
boor langsaam deur sy siel, agterlatend 'n smal baan van verskroeide
lewensvreugde (p. 44)--'n beeld wat positief walglik is.
Dan vind ons ook nog uitdrukkings, wat onduidelik en onbeholpe of
minstens vreemd is: Bettie is besig om met haar eenvoudige musiek "die
grond_toon_ van haar lewensgeskiedenis te _vertel_ (p. 73); die _trek_
van verwyt in haar vader se woorde (p. 105); 'n woord wat wreed sou val
op die tere _bodem_ van plegtige liefde ... (p. 38); Bettie is die
_voorwerp_ van die liefde (p. 18); Dit is of sy beperktheid oor homself
weggegroei ... het (p. 195); Bester met sy listige planne en
parmantigheid moes in die _hand_ kom, ja selfs op sy _lewe_ was dit
gemunt, waar kleurlinge in diens van Sy Majesteit hul _lewe_ moes
_prysgee_ onder sy _hande_! (p. 161); Bester "met sy onverskrokke
_bende_ (p. 161);[273] program (p. 31); _aan_speling i.p.v.
toespeling[274] (p. 77 en 90); vuurgeveg (p. 140); Daarheen word gestuur
wat in die oë van die Engelse outoriteite as lastige pro-Boer-mense
_verskyn_ het ... (p. 151). Alle kommunikasie met die distrik (is)
afgesny en handel _tot 'n nietigheid afgedruk_ (p. 82); sommige
oomblikke voel dit hom of sy verstand hom begewe onder die invloed van
gedagte (p. 150).
_Waagmoed_ is 'n ongelukkige neologisme; _wikkelwakkel_ is ontleen aan
Guido Gezelle se gedig: "_Bonte Abeelen_" "Die Dood se grillige
_ont_klemming" is geen Afrikaans nie. (p. 154). 'n Voorbeeld van lelike
klink-klank staan op p. 175: Dit was 'n beleefde voor_spel_ van die
treur_spel_." Malherbe is trouens nogal lief om kort op mekaar, soms in
een sin dieselfde woorde te gebruik. So kry ons tweemaal _toevallig_ op
p. 99; warrel op p. 65; huis op p. 17, skynbaar op p. 18, nou op p. 14.
Gevoel is maar al te dikwels _gemengd_--'n stereotiepe niksseggende
uitdrukking: (p. 24) daar woel 'n mengeling van gevoele in haar siel;
(p. 66) 'n warreling van gemengde gevoel.
As 'n kunstenaar ons vertel dat iets _onbeskryflik_ is, dan is dit 'n
belydenis van onmag of 'n retoriese reminisensie. Enige voorbeelde: (p.
65) Wie beskryf haar sielelyding ...; (p. 44) met 'n onbeskryflike krag;
(p. 46) die onbeskryflike weelde van onbeheerste gevoel.[275] Op p. 34
kom nog 'n ouderwetse slim draaitjie voor: "Bettie is toe na haar kamer
gegaan en ... wat sy daar gemaak het, sal iedereen wel weet wat van
meisies kennis het"! En wat moet ons dink van die "arme student wat met
'n _verskeurde_ hart en _verslae_ gees moet afskeid neem van sy
_dierbaarste op aarde_ en dit vir baie lang tyd"! (p. 34).
Afgeslyte uitdrukkings ontstel ons in dubbele mate by Malherbe omdat sy
stylkuns oor die algemeen deur so 'n innige, suiwer-eenvoudige woordkeus
beheers is. Ons voel dat hy gesoek het na die alleen-juiste woord en
dikwels klink daar 'n harmoniese toon in sy geïndiwidualiseerde sinsbou.
Hy wou méér gee, dan 'n gewone amusementsroman en as een van die eerste
_kuns_-uitings in prosa sal sy werk steeds van belang bly. Hy het die
joernalistieke vaalheid uit ons taal weggevaag deur sy fleurige beelde,
ontleen aan Afrikaanse veld en lug, en daarby besit hy as digter 'n fyn
gevoel vir woord- en klankwaarde.
Ten spyte van die foute in sy styl en komposiesie hang _Vergeet Nie_
soos 'n klein druiwetrossie in die groen wingerd van ons letterkunde.
Die beelde met hul Karo-omwaasde ongereptheid is die wynkleurige
korrels, mekaar verdeukend in die transparante ronding van sappige
swelling, wat die tingerige steeltjies in hul liefdegroei bedek. En wie,
stil-gelukkig, die korrels een vir een in al hul sonnegeurende
sappigheid geproef het, sal ook die tere stingeltjie nie àl te wreed
vergooi nie.
§ 7. Mej. Chris. C. Euvrard.
Van Chris. C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië het drie novelles
verskyn: _Twee Susters, Lena_ en _Twee Broers_. Haar werk word hier
alleen vermeld, omdat aan _Twee Susters_ in 1914 die eerste prys
toegeken is in die jaarlikse wedstryd van die Akademie. Dit is van geen
letterkundige belang nie, en bevat oorlogsondervindings in onbeholpe
skoolmeisies-styl. Ter tiepering 'n enkel staaltjie: "Lena was skaars
onder die _seil_ uit, toe een van die wagte wat by die wa was, vir haar
vra of hy die _seil_ sal aftrek. Lena sê ja en in 'n paar oomblikke was
die _seil_ af en kon almal weer lug kry. Die _seil_ was maar net af van
die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en tant
Sannie te _praat_, en terwyl hulle nog _praat_, kom 'n paar soldate ook
by die wa en begin ook met die meisies te _praat_." (_Twee Susters_^2,
p. 45.) Die redakteur van _Die Brandwag_ het in Des. 1918 nog verklaar,
dat ofskoon haar werk oppervlakkig is dit "veel daartoe by(dra) om
leeslus op te wek by die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie" (p.
214). Vir die taalstryd mag dit dus miskien wel van enige betekenis
gewees het.[276]
§ 8. Joubert Reitz (1880-1919).
Joubert, 'n seun van President F.W. Reitz is gebore op Bloemfontein in
1880, kort na die slag van Majoeba. Daarom het sy vader Generaal Piet
Joubert gevra om sy peetoom te wees. Met die oorlog van 1899-1901 het hy
dadelik aangesluit by die Pretoria-kommando. In 1900 het hy gedien onder
Kaptein Heinrich du Toit en terwyl hy in die Soutpansbergse distrik siek
lê aan die koors, het die Engelse hom gevang en na Bermuda gestuur.
Na die vrede is hy met twee broers Madagascar toe, maar omdat dit daar
nie na hulle sin was nie, het hulle teruggekom na die Transvaal. Joubert
het hom toe as prokureur op Potchefstroom gevestig, waar hy in 1919
oorlede is.
Van hom het verskyn twee romans: _Die Dolosgooier_ (1916) en
_Beproewing_ (1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels
gedigte en prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee
is 'n reeks artiekels oor "_Oom Fanie_ en sy ervarings met 'n maai- en
vliegmasjien."[277]
Die Dolosgooier.
Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk gaan na die diamantvelde by Bloemhof,
maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil
hy vertrek, nadat hy op die stasie "'n sterretjie" gesien het, maar sy
kaffer gooi die dolosse en die se voorspelling blyk juis, want Frits kry
'n paar mooi diamante. Nou trek hy weg om sy "sterretjie" te gaan soek
en al gou blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met wie hy 'n
vennootskap gesluit het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid
gehad en dié strooi nou skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op
die "sterretjie". Collins slaag daarin om 'n fabelagtige skat uit
Sekekoen se kafferstad te roof, maar hy beswyk aan 'n wond op die
hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits laat die kaffers £5000
betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se twede voorspelling
kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms.
Beproewing.
Hierdie roman is meer of min op dieselfde plan gebou as _Die
Dolosgooier_. 'n Doodgoeie jonge man word vervolg deur 'n gewetelose
skurk, maar na baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word
plotseling skatryk en trou met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n
koeël uit die weg geruim word. Die ekspediesie na Duits-Suid-Wes en die
opstand vorm die agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee
aanleiding tot verwikkeling en die spanning oor die erfenis word deur
middel van 'n naamsverandering tot die ontknoping bewaar.
* * * * *
Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die
Duits-Wes-veldtog. Die raamwerk van _Die Dolosgooier_ het hy in 'n
militêre gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers
geraak. Later het J.H. Malan, die "Oom Fanie" van die voorwoord dit
persklaar gemaak, onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl
verbeter, kortom die hele boek oorgeskryf met behoud van die
oorspronklike intriege.[278] Dat die aandeel van die bewerker taamlik
groot was, blyk uit 'n vergelyking met _Beproewing_, waarin taal en styl
so sleg versorg is, dat die verhaal feitjik onleesbaar is. Dit krioel
van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz had aanleg om 'n
spannende intriege inmekaar te sit, maar sy uitdrukkingsvermoë was
hopeloos swak. Selfs na die skawery van die bewerker het daar in _Die
Dolosgooier_ soveel oorgebly, wat onbeholpe is, dat van letterkundige
verdienste weinig sprake is, ofskoon dit deur die handige toepassing van
Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons awontuur-romans behoort.
As voorbeeld van die kreupel styl en taal kan die volgende dien: "Frits,
hoewel 'n jonge, onervare man, terwyl hy nog onder sy komberse half-sit,
half-lê, naar die pragtige natuurprent kyk, gedronge om die natuurskoon
in oëskou te neem en, daar hy 'n dorpenaar was, moes tot die konklusie
kom ... ens. (p. 17); Harvey ... had die saak van die likwidasie moet
laat vaar.... Harvey het dit so haastig aangeneem, dat die kêrel had
begin te dink...." (p. 105). Anglisismes groei ook nog geil: (Hy) moes
van skool om sy eie lewe te verdien (p. 4); ons geluk is uit (p. 26); hy
begin te voel dat die grappie nie die kers wêrd was nie (p. 146), ens.
Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die "troue geagte leser" en
dwarsdeur die verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en
Petrus is tiepes van die bekende volbloed skurke. In _Beproewing_ neem
die politiek 'n groot plaas in. Die skrywer sê self: "Maar laat ons
liewer nie van die dinge praat nie, anders word die verhaal 'n politieke
vlugskrif...." (p. 97), wat dit dan ook teen die end werklik word.
§ 9. Jochem van Bruggen.[279]
J. van Bruggen is gebore te Groede in die provinsie Zeeland, Nederland,
op 29 September 1881. In 1892 het sy vader hom in Johannesburg gevestig.
Aan die Pretoriaanse gimnasium het Jochem begint verse maak oor die
Voortrek. Die Anglo-Boere-oorlog het 'n end gemaak aan sy studie en vir
sewe maande was hy op kommando, totdat hy, by die oorgawe van
Johannesburg vasgekeer is. Van toe af moes hy vir homself sorg en in
plaas van ingenieur te word moes hy lewe van die geringe verdienste, wat
'n agentskantoortjie aan 'n onervare jong man in daardie tyd kon gee. Na
die vrede het hy in 'n wassery die gestrykte wasgoed in pakkies
opgemaak, boordjies getel, ens. Maar dit kon hy nie uithou nie. Hy het
uitgebars die veld in, ruimte toe en by sy boesemvrind G.J. Oosthuizen
op Steenkoppies gaan woon. 'n Tydlank was hy daar onderwyser aan die
C.N.O. skool. 'n Debatsvereniging en koor het onder sy leiding gebloei,
terwyl daar ook van hom toneelstukke opgevoer is. Sy volgende
onderneming was 'n tabaksbesigheid, wat hy met sy vrind Oosthuizen
opgerig het. Aanvanklik het alles goed gegaan, maar later, veral deur 'n
konneksie met 'n uitgeslape seun van Israel het die besigheid 'n totale
mislukking geword, met die gevolg dat albei in 1909 diep in die skuld
was. In _Ouboet_ is o.a. 'n sydelingse herinnering aan hierdie episode,
wat vir 'n tydlank sy letterkundige aspirasies heeltemal gesmoor het. In
1912 het hy sy Voortrekkerverse weer verwerk, maar kon geen uitgewer
daarvoor kry nie. In 'n wedstryd van _Die Brandwag_ het _Die
Praatmasjien_ in 1914 'n prys gehaal en van toe af het Van Bruggen sy
koers gekry.
In 1917 het sy roman _Teleurgestel_ die Hertzogprys van die Akademie
behaal en in 1920 is sy kort verhale onder die tietel _Op Veld en Rande_
gebundel. Van 'n nuwe roman, _Ampie_ het twee hoofstukke in tydskrifte
verskyn. "As boer moet ek in hierdie swaar tye net my kop gebruik om die
boerdery agtermekaar te hou, wat my werk as skrywer uitermate belemmer",
skryf Van Bruggen na aanleiding van _Die Burger_ se enquête. _Die
Burgemeester van Slaplaagte_ het in die serie _Almal se Boeke_ in 1922
verskyn.
Teleurgestel,
is 'n roman uit die Anglo-Boere-oorlog. Die Boere van Waterval en
omstreke is besig met skyfskiet as die veldkornet hulle kom
opkommandeer. Dirk Liebenberg het sy afgeleefde ouers na die kruitbadjie
by Waterval gebring en op 'n wandeling deur die kloof probeer hy om
Maria Brinkman oor te haal om sy vrou te word. Sy gee egter die voorkeur
aan haar ou speelmaat, Gys, wat as gevolg van 'n speelse opmerking van
haar die kordaatstuk uitvoer om 'n blom op 'n gevaarlike krans by die
waterval te pluk. By dié geleentheid word Gys en Dawid, Maria se broer,
deur Swartbooi, 'n geheimsinnige potteskuurder in 'n spelonk gelei, waar
hy vir hulle dolosse gooi en somber voorspellings oor die naderende
oorlog maak.
Na vyftien maande kom 'n kommando nuwejaar vier op Waterval. Dirk
koester hands-op-planne, wat afstuit op die idealisme van die vrouens.
Later vind hy geleentheid om met Stols en Greef, wat graag hul famielies
wil besoek stilletjies af te swenk van die kommando. Hy trakteer hulle
op 'n paar goeie doppe "perskesop". Stols is 'n swak jabroer en laat hom
maklik oorhaal, maar Greef ry met sy maats se perde terug kommando toe.
Dirk vind Maria nog onhandelbaar en sluit in groot verbittering by die
Engelse aan, waardeur hy sy pa se dood veroorsaak, Stols sukkel terug
Boere toe, maar laat in sy verbouereerdheid sy geweer agter, wat die
vyand aanleiding gee om die woonhuis op Waterval af te brand. Deur Dirk
se verraad word Gys en Dawid vasgekeer in Swartbooi se grot, waaruit
hulle met moeite ontsnap. Gys word later gewond, die vrouens raak in die
kampe, maar na die vrede trou Gys met Maria, en Dawid met Elsie Greef,
terwyl Dirk 'n suiplap word.
In _Teleurgestel_ het Van Bruggen sy oorlogservarings verwerk. "Hy het
die verwoeste plase gesien na die oorlog, en hy het geluister na die
ondervinding van die _Bittereinders_, na die verhale uit die tyd toe die
Engelse oor Steenkoppies en omgewing hot en haar getrek het en uit die
droewe tyd van Johannesburg se renbaan."[280] Swartbooi se prototiep was
"'n verdwaasde ou kaffer, wat die Hartleys--daardie tabakmagnate--se
kombuisgereedskap geskuur het, dag vir dag in 'n driffie en as 'n
malmens geskreeu het party nagte as hy rondloop."[281]
In _Die Burger_ het Van Bruggen verklaar: "In ooreenstemming met my
vorige werk, sal my strewe bly: 'n afbeeldsel van die lewe soos ek dit
gewaar, wat duidelik sal staan in die skynsel van romantiek."[282] Nou
is "romantiek" juis een van die terme wat moeilik definieerbaar is, maar
Van Bruggen wil blykbaar te kenne gee, dat hy geen realis in die enge
betekenis van die woord is nie. Is die opvatting juis, dan gaan hy van
dieselfde beginsel uit as meer dan een kunstenaar van betekenis. Johan
de Meester sê b.v. "En als ik iets als onbelangrijk voel--als een ding
dat me niet interesseert--dan is 't het realisme, dat aan de loutere
beschrijving zonder meer van een brok werkelijkheid z'n volle kracht
geeft. Dat zou ik nooit kunnen doen."[283] Cyriel Buysse verklaar: "De
beschrijving van een realiteit is toch heel iets anders dan die
realiteit.... Als de artiest niets aan de werkelijkheid toevoegde, zou
hij geen artiest zijn. Het beschrijven van détails zonder meer, zooals
Van Deyssel wel eens heeft gedaan, daar voel ik niets voor. Dat kan ik
niet mooi vinden. "L'âme des choses", zooals de kunstenaar die voelt,
moet uit zijn werken spreken."[284] En Is. Querido verklaar met die
grootste stelligheid: "Ik moet met mijn innerlijk leven ingaan op de
dingen ... ik kan de dingen niet klein zien: ik moet ze vergrooten,
doorlichten ... ik moet er heelemaal door vervoerd worden ... =Ik heb
niets aan de realiteit=!"[285]
Ofskoon ons Van Bruggen se beginsel dus kan aanvaar, lei sy
ver-romantisering dikwels tot 'n sodanige vermooiing en opsiering van
die werklikheid, dat die egtheid van sy figure in die gedrang kom. En
daarvan sê Querido: "Elke willekeurige fantastische belichting van 'n
werkelijkheidstafereel ... wordt valsch maakwerk, onechte,
gedrochtelijke romantiekerij."[286] Swartbooi met "sy dwalende brein,
wat sy lewe so vol misterie maak" (p. 195), sy geheimsinnige grot en
orakeltaal is seker romanties geteken, maar wek skeptiese bedenkings van
ernstige aard. Gys en Maria op wie ook 'n sterk romantiese skynsel val,
bly vir ons vae figure. Stols daarenteë, wat deur sy jabroer-geaardheid
geen aanleiding tot romantiekerige vermooiing gegee het nie, is deur 'n
raak-realistiese uitbeelding tot 'n lewende mens geword, wat ons nie
maklik vergeet nie. Arme Liepie met sy "bang-oormekaar-kyk oë", seer rug
en orige knipmes ken ons deur en deur. Nog 'n ander byfiguur, Moeder
Greef met haar laslappies en ou-mens gemaal is met trekkies van
boetserende fynheid geteken, terwyl Luikes Greef met sy droë humor ook
goed geslaag is.
By die uitbeelding van Dirk Liebenberg gee Van Bruggen 'n psigologiese
uiteenrafeling, maar sy afkeer van die skepsel van sy eie verbeelding is
só groot, dat dit hom nie geluk om onpartydig teenoor die figuur te
staan nie. Sy haat vir die walglike kreatuur het hom verhinder om
heeltemal op te gaan in Dirk se psiege. Reeds in die eerste hoofstuk
verraai hy deur 'n kwasi-twyfel sy vooroordeel. "Ons huiwer om hom so
wreed te beskuldig, _want ons ken sy verlede nie in besonderhede nie_.
Miskien sal die toekoms 'n gedagte aan die moontlikheid daarvan
regvaardig."[287] Nou weet ons al: Dirk gaan die sondebok word, en die
ongeregtigheid word dan ook by wavragte op hom gelaai! Maar let wel, Van
Bruggen sèlf _ken sy verlede nie in besonderhede nie_. Hoe kan so 'n
persoon nou ooit fel-lewend vir ons word? Met 'n sug van verligting neem
die outeur afskeid van hom: "En so het ons klaar met Dirk" (p. 219). Hy
het só boos geword, dat hy hom, na 'n paar kwaai trappe vir ou-laas, uit
sy verhaal bons! Dit word mos bruilofstyd en daarby pas Dirk, die
suiplap met sy "valse gryns" nie. Maar dis 'n oplossing, wat ons nie
bevredig nie. Geslaag is die figuur nie, ofskoon daar telkens brokke
treffende analiese is. Maar meestal neem Van Bruggen teenoor Dirk die
houding van 'n bestraffende regter aan. "Kan 'n wolwe-aard so gou
verander in skape-gedweeheid; 'n dwingeland in 'n oë-dienaar ...?" (p.
12). 'n Oomblikkie tevore het hy nog gehuiwer "om hom so wreed te
beskuldig", maar nou is sy vonnis al gevel. Juis die bo sy onderwerp
staande gevoelloosheid verhinder hom om 'n warm-menslike omtrek aan die
verraaiersfiguur te gee. Later word Dirk dan ook eenvoudig as 'n
_besetene_ uitgebeeld. "Die fluisterstem van sy gewete sterf in die
diepte weg, wat Satan bliksemsnel met misdaadplanne vul" (p. 145). By
die dood van sy moeder kry hy 'n "laaste kans" (p. 191). "Dis een van
die momente, waarin 'n goeie gees, so hom die tyd gegun werd om tot die
harde hart van Dirk deur te dring, 'n ander mens (van hom) sou kon
maak". Gelukkig bly ons die koddige psigologiese gedaanteverwisseling
bespaar!
Soms gaat Van Bruggen so op 'n paar tree van sy persone af staan en
bepeins dan hulle toestand. Gys is "in strak starend gepeins" (p. 216).
En dan roep die outeur uit: "O watter gedagtes! So sterk nog as in sy
volle kragtyd ...." ens. Daar is nog meer sulke hinderlike ingrypsels
van die outeur. "Die leser wat onsigbaar agter Dirk aangestap en oor sy
skouer geloer het ... Dirk is te ongeduldig om die kamer rond te kyk,
maar ons kan dit nog net doen, vóór die aandskemering ons dit belet" (p.
23).[288] Dit is verroeste romantegniek van die jaar nul! Dat Van
Bruggen egter 'n plastiese gawe van geen geringe betekenis het nie,
bewys die welgeslaagde toneel, waar Liebenberg vir Greef en Stols wil
oorhaal om die wapens neer te lê.
'n Weemoedige klaagtoon van verdrietige berusting deurhuiwer die ritme
van Van Bruggen se styl in _Teleurgestel_. Die smart oor verlore
onafhanklikheid en die droewige herinnering aan oorlogsleed tril na in
somber klanke. En teen die end word Van Bruggen moeg vir die trommelslae
wat "die doodmars deurdof". "'n Lange sombere storie ... ons wil hom
deurhardloop" (p. 222). Tog klink daar soms 'n skaterlag; as die kakies
retireer vir 'n rollende pampoen (p. 173) en Greef vir Stols laat
"handsop" (p. 156). 'n Paar mooi kindertoneeltjies beloof iets vir die
toekoms.
Opvallend is die gebruik van koppelwoorde soos:
knutselwerk-uitdenk-vermoë (p. 230), swaai-arm-beduie (p. 9),
goudblom-oorlaai (p. 20), droomglans-dowwe oë (p. 195). 'n Enkele maal
word daarmee 'n mooi effek bereik, maar meestal gee die oorvloedige
aanwending 'n indruk van gesogtheid, terwyl baie saamkoppelings in stryd
met die taaleie is. Die voorliefde vir lang-asem sinswendings versterk
die sware klank van sy prosa, wat met afgemete pas moeisaam voortbeweeg.
En daardeur ook hoor ons telkens dissonante b.v.: "Van onder oop, het
hoëveld se voor- en najaarsstorme daardeur gestroom en binne die lang
huise opgestuiwe in die smal-langwerpig drukke reghoek-ruimte, waar die
lewe in en uit rumoer na sy hokkies, en kinders spelend raas,
natbesweet" (p. 221). Tog het Van Bruggen deurgaans 'n fyn gevoel vir
woordklank. Telkens kry ons brokkies van sinne, wat in gereëlde
versritme vorentoe gly; "en vínnig word haar stáp, ofskóon sy dralend
peíns oor wóndervraág...." (p. 77). Maar ons stuit ook op klinkklank:
"terwyl sy _rol_-oë die kamer vergenoeg deur_rol_" (p. 114); _Al kante
uit_ wil hy koers vat, so rol sy uitpuil oë _al kante uit_ (p. 149); dat
drie ... by die _val_ hulle eie _val_ sal vind (p. 194); dit _beslis_
die twyfel van die _onbesliste_ goeie man (p, 150).
Koppelwoorde en sinsbou gee aan Van Bruggen se styl 'n moderne cachet.
'n Allersnaakste indruk maak daarnaas, die ouderwets-retoriese taal,
soos ons die ken uit die Hollandse predikante-literatuur van vóór 1880,
wat ook nog dikwels van Suid-Afrikaanse kansels gehoor word. 'n Knagende
wee, wat die hart verteer (p. 86); Daar drup dit in sy hongerige siel
heilsame lafenisdruppe en sy gedagte sien, as deur hemelse ingewing ...
(p. 83); wat alles die plegtige oomblik verhewe maak (p. 67); 'n Sug ...
tower 'n nuwe gevoel in sy boesem (p. 51); 'n swarte afgrond ... gaap
(p. 76), ens. Dit krioel ook van sulke domineesterme soos: hartsvriend
(p. 202), hartebodem (p 76), brandende gemoed (p. 50), tomelose hartstog
(p. 126), geestesoog (p. 57), skoonste hemeldeug (p. 80), ens.
En hoe deftig paradeer Van Bruggen met 'n hele kommando holrug perde!
Dit is perde wat al meer as 'n halwe eeu nie meer "pylsnel oor die pad
sweef" nie (p. 70), dis ou doodgemoorde knolle, wat skaars nog 'n
vuiliskar kan trek. Gys is die "eweknie van Dawid in geesdriftige
opwerping van oorloglugkastele"; daar is in die kloof "'n reusemagneet"
wat hom trek (p. 56); "Die ontboeseming was as 'n warme son, wat die
yskors ontdooi" (p. 82); "toegedekte liefde (het) haar windsels
afgegooi" (p. 99); Die liggie lei hom soos 'n vuurtoring die ... skip
(p. 167); aan bande gelê (p. 169); ens. Gelukkig kry ons tussen die
muwwe, onpersoonlike beeldspraak so 'n enkele keer 'n fris veldwindjie:
As Swartbooi die plaasmense sien wegvoer deur die kakies dan is "die
lewe wat in sy oë kom blink, ... soos die ... in 'n koei se oë, wat wild
oor die kraalmuur kyk, wanneer haar pasgebore kalfie hok-toe weggedra
word", (p. 196); "die stryd teen onsigbare wapens ... soos mambas in die
ruigte" (p. 192); "Af drif toe ... kom 'n groot tentwa aangeklop" (p.
7). Daarnaas kry ons egter weer sulke badkamer-beeldspraak soos: Maria
"aarsel niks om 'n doeltreffende bekoeling uit te giet nie oor sy
brandende gemoed"! (p. 50); "Of 'n vloed yskoue water oor hulle rugge
uitgegiet word, so laat, wat agter is hulle ril" (p. 65). Ook
onsmaaklike triwialiteite soos: "Daar is geen druppel bloed meer in
Stols se neuspunt nie; dis alles weggestroom na die midde van sy romp
..." (p. 157).
In sy natuurbeskrywing is Van Bruggen onbeholpe en soms banaal. Hy
skerm met groot woorde wat volkome retories en aandoeningloos van
algemeenheid is. "Die _skone dal_ lê voor die perdelose ruiters in
_volle somerweelde_. Die ou opstal lyk so _skilderagtig_.... Ook is dit
of die _skouspel_ hom _hipnotiseer_.... Die ganse moot brei uit _in
sombere somerweelde_" (p. 126-7). Sulke niksseggende frases laat ons
heeltemal koud. Nie deur die woord _somber_ ontstaan die indruk van
somberte nie. Die somberte-emosie moet hy in beeld bring, moet hy ons
laat aanvoel deur plastiese trekke. Maar hy verswak nog meer die indruk
van sy frases deur te praat van "die lentegroen, (wat) in jeugdige
ydelheid wou spog ..." En dan vervolg hy met valse, ondeurvoelde
beeldspraak: "Uit egaal donkergroen _spreek_ nou éénselfde stemmige
gedagte, waar uitgeswelde rypheid elke deeltjie van die _ernstige_
boskasie herinner aan verwelking." Dit is viesie-verknoeiing. "Die
stemming deel sig onbewus mee aan die twee ..." Juis, _onbewus_, want
hoe dit gebeur bly vir ons 'n raaisel. En dat Stols en Dirk albei in
presies dieselfde stemming geraak, is papier-psigologie! Daar is nog
meer holle frases: "Dieselfde voorjaarsagtermiddag het ook sy
toweraandeel volbreng in die natuurherlewing" (p. 20). Dirk kry
"lewens-lente-visioene"! Die voëltjies sing mooi "en dis of die ganse
omgewing wil meedoen aan 'n _gemoedsontboeseming_"! (p. 31) "Grootse
natuurskoon" (p. 47), "roerlose aandskoonheid" (p. 90); "dis van die
aande, waarin natuur sy _wonderskoonheid_ wys met _stille majesteit_"
(p. 166), "ruwe natuurprag" (p. 52); "Die lente het weer 'n jong gewaad
oor die velde gesprei" (p. 202). En op p. 52 is daar weer "'n grootse
gedagte, wat _setel_ in die lower-woestheid". Die gedagte spring van sy
"setel" af en hou 'n netjiese prekie in die tale Kanaäns. "Dis 'n
plekkie, wat mensekindere wil goedmaak en verhef bo wêreldse
nietighede," ens.
Duisterheid is dikwels die gevolg van die retoriese opblasery. "Die
kranse voor en weerskante is hoog en amper loodreg, bedek met ruwe
natuurprag, wat gestapel op kwynend-skemerlig en duister ... (p. 52).
Hoe moet mens jou nou 'n voorstelling vorm van wilde plante _gestapel_
op _skemerlig en duister?_ Op p. 32 is daar "_klanke_, wat hemelwaart
_denk_ en dankbaar swewe, vir sparende liefde ..." Al slaan _denk_ ook
op _gevoel_ dan is dit nog 'n onbeholpe parallelisme. Onverstaanbaar is:
"Ligvlekke, wat die boomskaduwees werk, hou vaste lyne" ens. (p. 87). En
wie hoor nie die gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos
die volgende: "Dis pynlik om die _afbreuk van geesverbystering_ (?) te
sien, wat flou, al flouer 'n kwynend verset teen eie onmag vertoon en in
sielsmart oorgaan ..." ens. (p. 9). Maria se "sterk gestel (het) begin
te luister na die stem van siekte. Tallose skrikgedagtes het
senewee-skokkend met haar liefde gespeel en bondgenoot geword van 'n
ongesteldheid wat haar sou neerdruk ens. (p. 234-5) En daarom het die
siekte so gesloer om uit te breek, uit eerbied vir die grondigheid van
haar verset en heldepoge." Sy kom uit die hospitaal "met twee (!) grote,
siel-vertolkende oë, verhewe-boeiend"! En daar is nog meer voorbeelde
van sulke opgeskroefde woordkramery. Wat moet mens aanvang met
taalgeknoei soos die volgende: "Humeur lê diep bedolwe onder tallose
swaardrukkende gedagtes" ens. "'n Onmag van sy logies verstand, laat
pessimisme die vrye teuel" (p. 82); Luikes is "oortrek deur die waas van
sy karakter ..." (p. 35); "die inwendige Greef" (p. 36);[289] ens. ens.
Die verpersoonliking van abstrakte begrippe gee aanleiding tot
raaiseltaal en gesogte wendings. "As die _sluipgang_ van hulle
genegenheid tuis gekom het is dit getrouheid tot die dood ..." (p. 35);
"die koers ... waar vinnig verlange die bome deursoek" (p. 76);
"_Hartverheffende_ momente wat _grondslag_ vir 'n toekoms lê en lewens
bou of brokkel--kort as 'n sug, 'n fluisterwoord, 'n oogstraal as
diamante bly skitter aan die langste lewensdraad en nog glansies op sy
rafelpunt werp; gebonde aan seisoen nog tyd" (hoe rym dit met "kort as
'n sug"? P.C.S.) ens. (p. 106.) Met nog een voorbeeld van Van Bruggen se
onbeholpenheid kan ek volstaan: "Maar lewe het vasgeklem aan sy omhulsel
met ongekende adhesie, waardeur die wetenskap verbaas, wat eers
verwaarloos werd, omdat geen hoop bestaan het nie, met ywer die omhulsel
onder sy behandeling geneem het." (p. 214).
Die dialoog is meestal onnatuurlik-styf en soms so deftig as 'n
redevoering. Gys sê: "Dis of natuur 'n moedwil toon om haar wonderwerke
treffender te maak. (p. 53); Ons volksaard is opgeruimd en vol korswil,
wat wys veral op sulke dae, waar hoop, by nuwe begin, ook nuwe ambiesie
gee" ens. (p. 89). En hoe netjies ryg Dirk sy sinne aan mekaar as hy
pleit vir Maria! Hy eindig so: "Die hoop sal my in doodsgevaar
dapper-versigtig, in moedeloosheid vasberade maak en my nasie laat
liefhê, omdat jou ideale myne sal word!" Met dié woorde vat hy haar hand
"wat sy nie kon terug trek nie, omdat haar sielestryd _onbeskryflik_
geword het." Dieselfde onmag om heftige emosie plasties uit te beeld
vertoon Van Bruggen ook waar hy Dirk se houding moet beskryf: "As hy
verneem dat sy moeder gestorwe is, _voel hy getref en kyk somber na die
aarde voor sy voete_." (p. 191.)
Die taal van _Teleurgestel_ is sterk Hollands gekleur. Woorde soos _bot,
mat, meewarig, halfliggend, gebly_ (gesneuwel) (p. 111), _hawe, struik,
dryn_ word dikwels aangetref. Maar ook die sinsbou is onafrikaans en
veral die gebruik van infinitiewe vorme is storend. "Maria hunker na
meer _wete_, nou die _skiete_ opgehou het" (p. 171). Van sulke vorme
krioel die boek en dit gee soms aanleiding tot duisterheid soos op p.
184: "'n wese, wat versuim tot _sy kom_". Onafrikaans is ook: "Maria en
Elsie doen saam in die spel" (p. 91); "waarvoor diensies" (p. 6). Die
gebruik van die vorme _hê_ en _het_ is soms verkeerd.
Op Veld en Rande.
In _Op Veld en Rande_ (1920) is dit moeilik om die skrywer van
_Teleurgestel_ te herken, as die laaste verhaal, _Die Beeswagtertjie_
buiten beskouing bly. Alleen enkele stylwendings soos "wit orkaan
gedrewe wolke" (p. 122), en 'n paar geykte frases soos "toe twee harte,
wat lief en leed van die wêreld verstaan, opreg ineensmelt!",
"sielsgenot" (p. 109), "hartsgevoel" (p. 28), "hartetaal, vol gloed" (p.
59), herinner aan die manier van _Teleurgestel_. Hier ook geen
romantiekerige opsiering, maar onvervalste werklikheid. Hoe raak en
eenvoudig-waar word Sitman, die "meeldiaken" met sy "ongebleekte
kussingsloop" nie geteken nie! Hy is die man, "wat sit waar hy sit",
"die elfde plaag" (p. 27). Soos Van Bruggen hom geteken het met sy
astrante indringerigheid, altyd kunsies bedenkend om tog maar nooit aan
die werk te kom nie, sy windmaker-praatjies wat eie nietigheid moet
bedek, sal die bywonersfiguur lewe in ons letterkunde. Hy staan vlak
voor ons met al die flenters van sy verslegting. Hoe goed is nie geteken
sy poging om tog nog 'n skyn van vernaamheid te ontleen aan die
reputasie van sy onbekende "ouboet Karel van Staanderton se distrik". En
die dialoog is so spontaan--dis die lewende terugbeelding van egte
gesprekke sonder retoriese byspinsels van die outeur. Hoor maar ou
Sitman se gesanik: "Nou ja! ek hoor toe gister ... of was dit eergister
... nee dit was gister, dit wil my nou goed byval--Willemse het gister
hawer gelaai--ja dis reg, dit was gister.... Nou ja, ek hoor toe gister
by Oom Andries dat meneer de Klerk altemit iemand sal nodig kry om hand
by te sit" (p. 23). Hoe raak is ook die bywoner se hele persoonlikheid
geteken in die kwasi-gewigtige wyse waarop hy meedeel, dat hy "tot 'n
besluit gekom 't" (p. 256), of as hy klaag oor die baie werk (p. 43).
Uit so 'n paar plasties uitgebeelde toneeltjies word Sitman vir ons
meteens fel-lewend, terwyl Dirk Liebenberg, trots al die swaarwigtige
analiese alleen 'n toneelskurk bly.
Ook "kromrug Bettie" met haar huilende kleinspan in die rokerige lug van
die hartbeeshuis is goed getiepeer. Hoe mooi leef die moeder-instink op
in die verdwaasde skepsel, as daar planne gemaak word om haar kinders na
die weeshuis te stuur. Sy glo tog so vas, dat niemand anders so goed vir
hulle sal kan sorg nie, al sit sy in die grootste ellende. "Daar is
Driesie!... Uit die staanspoor is sy maag onderste bo!... Sal hulle
tussen die kliprandjies rondloop om aambeibossie te soek? En dit laat
trek? En dit vir hom ingee?--Nog nooit nie!..." (p. 54). Hoe diep het
Van Bruggen ingedring in die kommergedagtetjies van die arme sieltjie!
Die ander bywoners se mentaliteit word ook met 'n paar fors trekke
aangedui: Willemse, die staatmaker voorman, Neef Niklaas met sy
naïef-wysgerige praatjies oor "bestiering" en "bestuur", Gouws, die
dwarskop. Stols, uit _Teleurgestel_ kon deur die oorlog nie in sy gewone
lewe geteken word nie. Maar nou sien ons die bywoners in hulle daelikse
besigheid, hulle getob oor allerlei kwellings en die wrokkende gevoel
oor hul afhanklike posiesie. En ook hulle baas, Andries Vry, die
konserwatiewe boer en Bybelvaste ouderling ontmoet ons.
'n Enkele maal kom Van Bruggen self om die hoekie loer, op pagina 29
nl., waar hy verstandige maar onletterkundige opmerkings maak oor
kafferpolitiek.
_Ouboet, Oom Jannie_ en _Die Praatmasjien_ is ook goed geslaag. Veral
die lugtige verhaaltoon val op na die sware sleepgang van
_Teleurgestel_. Daar is 'n vaardigheid in komposiesie, 'n handige
groepering van allerlei tiepes uit die boerelewe, wat met al hul
eienaardighede goed geteken word. As realistiese skilder van die
plattelandslewe openbaar Van Bruggen 'n bewonderenswaardige
deurdringingsvermoë. Stoffel Harmse, die omslagtige verteller en
lastige buurman, met sy vervelende "jy kan vir Sarie ook vra", Oom
Jannie en die weduwee, wat by "gebrek aan stof vir vertroulike
konversasie hoofpersone uit geslagregisters van al twee kante opnoem en
bespreek" (p. 101)--dit is fyn-psigologiese trekkies, wat bewys dat die
skrywer hom ingeleef het in die mentaliteit van sy mense. Hulle
karakter word nie bestuur deur geestige bokkespronge van die outeur
nie, maar daar is 'n innerlike ontplooiing, wat ons direk as waar en
noodwendig voel. Dit geld egter nie van _Die Beeswagtertjie_ nie, wat
eenvoudig 'n nugter bedenksel is, en waar alleen Kleinbooi met enige
lewenswarmte geteken is. Die mynwerkers is alleen met so 'n paar
strepies toneelverf bestryk en die styl het weer dieselfde
opgeskroefdheid as in _Teleurgestel_. Veral pagina 140 is swak, waar
"die onmusikale Josef 'n singlus uiter", en "'n siel-treffende Engelse
liedjie" deur sy neus gons "met omgewing-influenserende dreun"! Die
beskrywing van die begrafnis in _Oom Jannie_ (p. 83) is ook gedeeltelik
misluk. Die toespraak tot die "onverskillige, gevoellose ligmis" is
heeltemal misplaas, terwyl die volgende sinne ons aan die paddas
herinner, wat met so 'n voortreflike gawe des onderskeids die boere op
Waterval verwelkom (p. 88). "Kyk! die osse hou op met wei, of die
redelose vee gevoel, dat nou die tyd nie is vir sinlike lus nie," ens.
(p. 83).
In die natuurbeskrywing tref ons nog gemeenplaatse aan. "In
lewensvolheid juig die veld-van-reuse-blare, vol frisse groeikrag,
(wat?) met die fynste silwer blink en as diamante skitter" (p. 121). 'n
Enkele stylwending en woord, b.v. mande (p. 21), welk (p. 112) verraai
nog Hollandse invloed. Onbeholpe of foutief is o.a. die volgende:
argelose boerewerwe (p. 55); voorbeeldige besef (p. 112). In sy beperkte
moreel-voel is 'n verdrietige wens (p. 129); _myners-_ontboeseming (p.
133); Met Sitman op die onderpunt ... gaap die reeks van bywoners en
spring op die gros ... (p. 12) diamante te grawe wat stadig in die
stroewe hersens vreet (p. 14); 'n Ry van arbeid (p. 15); 'n gehele
voorkoms, wat H. dadelik kooi toe bring (p. 41), ens. Die volgende
meditasie is van die outeur en nie van Oom Jannie nie: "Daar moet weer
lewe kom, waar sorgvolle vlyt...." (p. 90).
In die roman _Ampie_, waarvan nog net twee hoofstukke verskyn het[290]
is Van Bruggen op sy beste. Hier laat hy ons as objektief-beeldende
kunstenaar die lewe van die opgevoerde persone intens meeleef. Hoe
suiwer is die weergawe van Ampie se gewaarwordings as sy maat, die esel
verkoop word! En op wat 'n innerlik-ware toon is sy in-hom-self-pratery
meegedeel! Los en natuurlik is die dialoog, waarin soms ewe 'n toon van
die rou werklikheid opklink: "Ampie stamp sy simpel suster eenkant-toe:
"Gee pad van my plek af!--Ma, kyk vir Ampie!--Ampie jy sal bars! brom
die ma, sonder om te roer." Raak-psigologies is dit om ou "Goor Dawid"
saam met Booyse vir sy seun te laat vermaan: "Ja Ampie, doen jou bes,
... dis Kaffersleg as 'n mens ongeleerd bly." Hoe rats is hy om 'n
ekskusie te bedenk as hy die kontrak moet teken: "Oom Kasper, jy weet
die griep.... Ek het hom in my rug gehad, en my hande was daardie tyd
glad dood, en ek het glad verleer om my naam te teken. Kom Ampie, vat
die pen onder: ek sal bo vat."[291] 'n Enkel minder gelukkige
uitdrukking kom af en toe voor o.a.: "Nou is hy die voortbrengsel van
wat sy taaie liggaamstemming eis en sy sintuie."[292]
Die Burgemeester van Slaplaagte.
In _Die Burgemeester van Slaplaagte_ bly die opgaande lyn in Van
Bruggen se kuns gehandhaaf. Dis 'n heel eenvoudige geskiedenis van 'n
paar eenvoudige mense in 'n dooierige dorpie, maar Van Bruggen maak dit
tot 'n stukkie treffende realiteit deur sy lewensware uitbeelding. Oom
Lood wat "almelewe oorhoekse jukskeie en vrot voorslae" (p. 88) met 'n
toegeknypte oog verkoop, is famielie van Stols uit _Teleurgestel_. Maar
hy is met 'n dieper indringingsvermoë geteken. Ons ken nie alleen sy
uiterlike eienaardigheidjies nie, sy lus vir 'n boegoesopie, sy neiging
om alles voor die voet te sekondeer op 'n vergadering, maar droom saam
met hom oor sy toekomstige kosterskap, kreun saam met hom in sy
vadersmart. Want Lewina, sy dogter, doodmoeg vir die eentonige lewe in
'n slaperige stofholte trek na Johannesburg. Goed is die ouers se
instinktiewe wantroue vir die grote-stadslewe aangedui. Maar as hul
dom-gerus oor die dogter se toestand huistoe kom, is dit tog lekker om
so 'n bietjie te spog oor die ryk "huwelik"! Wanneer Lewina eindelik met
haar skande terugkeer, tob haar vader oor die raaisels van die
stadslewe, wat hy met sy onnosele Slaplaagte-logika wil oplos. Oom Lood
is met soveel gelukkige trekke uitgebeeld, dat ons hom deur-en-deur ken.
Die nasionale skoolmeester se skoene word toegedraai in die Engelse
krant, waarmee Peach hom wou oortuig van die Duitse gruweldade! Van
sulke kostelike humor is daar meer staaltjies. By Oom Lood staan dit
vas: "Daar was net een vèrplie baklei, en dit was in een-en-tagtig se
oorlog; en daarom het ons die Rooies toe uitgestof"! (p. 39). Van 'n
kunstenaar, wat so diep in die psiege van 'n eenvoudige siel kan
deurdring, kan seker nog veel verwag word. Treffend-juis is ook die
uitbeelding van Tant Lewina, 'n eenvoudige werk-esel met tog so 'n
gevoelige moederhart. As Boet Heina met sy plegtige waarskuwing kom,
gaan sy sit "soos 'n huismoeder op 'n Sondagmôre se boekevat as sy
tewens die kokery moet dophou" (p. 51). Deurtastend van geaardheid hou
sy haar met geen gepiep op nie (p. 84) en verstaan die kuns om
nuuskierige famielielede te troef met haar ratse tong.
Ook die byfigure word met enkele raak trekke geteken, sodat die hele
stowwerige Slaplaagte met sy bewoners helder voor ons staan. Daar is
Pieter van Staden met sy moedelose, _don't-kêr_-stemming, omdat die
reent nie wil kom nie, maar vol vuur op die skoolkommissie-vergadering,
waar hy sy wysheid oor windpompe uit. Die hele vergadering is 'n mooi
geslaagde voorbeeld van Van Bruggen se "copiëerlust des dagelijkschen
levens". Hy hoef ons nie nog te verseker, dat 'n voorval "histories" is
nie (p. 60), ons voel direk dat alles eg is, so noukeurig selfs, dat dit
telkens die indruk van 'n "document humain" maak.
'n Enkele maal kan hy 'n uitroep nie bedwing nie; "O, die kwaadpraat en
kwaaddink van die mensdom!" (p. 38). Ook in die dialoog is daar hier en
daar 'n plekkie, waar ons die skrywer, en nie die uitgebeelde persone
hoor praat nie. So sê die meester: "Ek hoop julle sal van teleurstelling
vrywaar wees" (p. 70), en Oom Lood: "Alles is net een infame bedrog" (p.
101). Komies is dit om net na die beskrywing van die groot droogte te
hoor dat "niks (voor)val wat _stof_ gee tot gesels nie"! (p. 4).
Onduidelik is die volgende: "Op die bulteveld ... boei die eensaamheid
deur 'n magtige bekoring die onsigbare werking van die skeppende
Almag...." (p. 73); en slordig: "'n _Trek_ van onverskilligheid om_trek_
haar oë" (p. 35).
§ 10. Gordon Tomlinson.
Gordon Tomlinson is gebore op Swellendam in 1889. Vir alles wat
Afrikaans is, was hy van jongs af aan 'n sterk propagandis, sodat hy
b.v. in die Anglo-Boere-oorlog van skool weggeja is, omdat hy 'n
Vierkleur-ruiker in sy knoopsgat gedra het. Later het hy voortdurend
stroebeling gehad met die Engelse hoof. Die meeste awonture, wat in
_Deur die Smeltkroes_ beskrywe word het in Swellendam gebeur tydens die
oorlog. Eers wou Tomlinson predikant word, maar weens 'n keelaandoening
moes hy die plan opgee. Op Stellenbosch het hy in die regte gestudeer en
daar het hy saam met Dr. Tobie Muller en Professor J.J. Smith een van
die voormanne van die A.T.V. geword, en deel uitgemaak van die redaksie
van _Ons Moedertaal_. Later het hy hom ingespan vir die Helpmekaar en
tans woon hy in Vredefort, waar hy hom met sy eggenote aan die
skilderkuns wy.[293]
Deur die Smeltkroes, (1917).
Op die dorp Vergenoeg woon Oom Gert de Bruyn, "'n egte tiepe van die
opregte Afrikaner" (p. 4) en Van der Bijl, 'n jingo, wat "rooier dan
rooi" is. As die Anglo-Boere-oorlog uitbreek kom daar 'n end aan die
vrindskaplike verhouding tussen die bure, tot verdriet van die kinders,
wat oor en weer verlief geraak 't--Piet de Bruyn op Susan van der Bijl,
en haar broer John op Lenie, Piet se suster. Susan het egter 'n "Engelse
modepoppie" geword en deur toedoen van Carel Nel, wat by die Van der
Bijls inwoon raak Piet in die moeilikheid en val in ongenade by Susan.
Verskeie awonture van Piet en John se skooldae word vertel, asook hul
ondervindings aan die Victoria Kollege. Hulle sluit by die kommando van
Scheepers aan en as John gevang word, slaag Piet daarin om die verraaier
Nel te ontmasker. Van der Bijl word 'n goeie Afrikaner en tussen die
jongspan kom alles reg, terwyl Nel so vrindlik is om in Australië
spoorloos te verdwyn.
_Deur die Smeltkroes_ het 'n sterk-propagandistiese strekking. Tomlinson
verdedig die Afrikaanse beginsels teenoor die imperialistiese idee van
Engelse en verengelste Afrikaners. Hy gaat te keer teen die
verwaarlosing van Hollands op die skole, die onnasionale
geskiedenisonderwys, die eksamenstelsel, "die oudwyfse Skotse sisteem
alhier deur 'n Dr. Muir ingevoer" (p. 59), en "die nuwe
kindergarten-metode" (p. 9). Hy laat "Jong Suid-Afrika sug om die
vryheidsin, wat leef en sal leef, solank daar Afrikaners op Afrikaanse
bodem wandel" (p. 53) en gebruik elke geleentheid om sy patriotiese
gevoelens te lug. As pleidooi vir 'n suiwer-Afrikaanse kultuur het die
boek ongetwyfeld waarde. Maar as roman beskoud is dit 'n mislukking.
Behalwe die regstreekse propaganda, tree die outeur van die staanspoor
af gedurig op die voorgrond. Hy spreek sy lesers toe,[294] vertel hulle
wat hy met "die spelers in hierdie drama" (p. 6) gaan doen, en omdat hy
hoofsaaklik 'n outobiografie skryf, verval hy telkens in persoonlike
mymeringe.[295] Telkens moraliseer hy oor die dade van sy persone, b.v.
"Arme Piet! Had hy maar geweet, wat voorlê. Gelukkig, egter, het die
Voorsienigheid ons so gevorm, dat ons slegs vandag kan sien--en skaars
dit" (p. 62)
Ofskoon hy blykbaar sielkunde by "Pappie (saliger gedagtenis)" (p. 69)
geleer het, blyk daar weinig van in die roman. Van kalwerliefde kry ons
die volgende vermaaklike verklaring: "Nie 'n nooi, leser, soos u en ek
seker al gehad het, maar een, wat jy in 'n meer idealistiese sin
liefhet. Jy het haar lief, maar hoe, weet jy nie. Jy het haar, hulle
ook, lief, as jy nog so jonk is, sonder dat die liefde miskien ooit
bekend word. Dis somar liefhê." (p. 17-18).
Hoe weinig begrip Tomlinson het van die ingewikkelde prosesse van die
puberteitsjare blyk uit die beskrywing van Piet se aankoms op
Stellenbosch. "Piet stuur 'n stille gebed van dankbaarheid op, dat hy in
so 'n omgewing kan studeer en besluit om van die studentelewe in sy
geheel gebruik te maak, sodat hy 'n veelsydige ontwikkeling kan geniet
om also bes sy land te kan dien" (p. 66). Dis kastig dieselfde Piet wat
sulke uithaler kaskenades op die dorp aangevang het! Nou is hy meteens
'n suikersoet oompie, op wie Van Alphen 'n mooi gedig sou gemaak 't!
As Piet die eerste maal in 'n geveg is, word sy gewaarwordings as volg
beskryf: "Die eerste paar oomblikke wis Piet nie eintlik, wat om te maak
nie. Sy hart klop vinniger, en as 'n koeël oor sy hoof fluit, koes hy
een kant toe. Maar gou-gou het die oorlogsgees hom oormeester...." ens.
(p. 125).
Hoe oppervlakkig die psigologie is blyk uit die pogings om felle emosies
te beskryf. As Piet onverwags op sy maat by die kommando afkom, word ons
vertel: "Soos 'n mens maklik kan verstaan, was die wedersydse vreugde by
die ontmoeting groot." (p. 122.) "Ons sal liewer 'n sluier trek oor die
afskeid tussen die jong verloofde; waar die liefdegodin alheersend vir
'n oomblik is, moet die gewone mens soetjies trap." (p. 96.) Met sulke
praatjies maak hy hom van die saak af!
Piet het die slapende Susan wakker gemaak met die vraag: "Het jy my
lief?... Vir Piet was daardie oomblik een van die vreeslikste, wat hy
ooit deurleef het. Dit was, asof die lot van die hele wêreld, van die
heelal selfs van haar hart afhang. Hy hoor duidelik die klop van sy
hart. "Is jy kwaad vir my?" fluister hy. Stadig draai sy haar hoof weer
om, en met 'n gloed van vreugde deur sy are, sien hy 'n vrindelike
glimlag op haar gesig. Hy buig neer, en die hele wereld verheug hom met
Piet, as hy die eerste reine soen van die onbevlekte lippies
ontvang...." (p. 37).
Van der Bijl se bekering tot opregte Afrikaner is seker goed gemotiveer,
maar dit is geen proses, wat as 'n _coup de foudre_ in een sinnetjie kan
beskryf word nie. (p. 110). Presies so gaan dit met Susan (p. 112) en
haar moeder (p. 111).
In die karakteruitbeelding is daar die bekende skerp teëstelling tussen
goed en sleg. Oom Gert is die ideale patriot, Piet en John die dapper
helde, Van der Bijl die vurige jingo, Nel die lae verraaier. Die meisies
is "twee beelde van deug en skoonheid" (p. 146). As Nel genoeg moeite
veroorsaak 't om die "dapper helde" se "verhewe" karakter aan die lig te
bring, word hy nog vir ou-laas ekstra swart gesmeer en dan eenvoudig
uitgewip (p. 141). Dit is "merely a mechanical device for stopping
somewhere", soos Cross tereg opmerk. "A literary form cannot exist
without its art. If a fable may drift along at the pleasure of an
author, with the episode thrust in at will, then anybody can write a
novel."[296]
Die swaarmoedige Piet werp hom "in wanhoop ... neer op sy bed, _wat
skud van die storm_, wat in die siel van die onstuimige jongeling woed"!
(p. 22). Die "edele siele" van die arm meisies word ook "deur storme
geteisterd" (p. 134, 92), hulle droom "van rose en melk, van ongekende
en verrukkende klanke, van ruisende strome en bedwelmende blommegeure"
(p. 72). Die toneel op die strand tussen Susan en Piet (p. 41) is
taamlik sentimenteel.--"Die misterie van die nag pak hul beet; en met 'n
kleine skudding,(?) skuiwe Susan nader aan Piet.... "Piet, wat makeer?
Waarom is jy so stil?"--"Dit weet ek nie, maar ek word so swaarmoedig.
_Ek dink, dit is die verhewenheid van die heelal, wat my aangryp_." ...
"Dit was asof hy met die onbekende worstel, asof daar 'n wêreld van
gedagte hom oormeester. Naderhand, asof tot homself sprekende, fluister
hy 'n Lied van Smart...." Die gevolg is "dat Susan bitterlik ween" en
"met geboë hoofde keer hulle huiswaarts."
Die talryke sugte in ons Afrikaanse romans vul Tomlinson onder ander met
die volgende variëteite aan: "geskok tot in die diepste wese styg daar
'n sug van die bodem van sy _beroerde_(?) hart--'n sug, wat 'n
wêreldspraak was. (p. 29); Susan sug alleen die sug van die tevredene en
die regvaardige"! (p. 116), ens.
Tomlinson skryf 'n gemaklike styl, sy taal is suiwer en die dialoog
meestal los en natuurlik. Daar is lewendige toneeltjies met rake praat
en weerpraat o.a. p. 44-45, waar Oom Gert en sy buurman aanmekaar
spring. Onwaar word die dialoog wanneer hy Piet, wat toe nog nie deur sy
matriek was nie, laat sê: "Kerel, wie sal hom daar onder daardie
mengelmoes begeef behalwe alleen die met Imperialisme besetene?" (p.
54.) Bybelse wendings word met voorliefde gebruik, en dikwels is daar
ook 'n predikanterige kleur, b.v. "om sy sondedaad uit te wis" (p. 30).
Die veelvuldige gebruik van stereotiepe beelde is opvallend. "Maar al
was hul harte bloedende, het niemand dit getoon nie. Hulle harte was
aanmekaar gesnoer deur nuwe bande en deur 'n gemeenskaplike liefde
teenoor hul geliefde Suid-Afrika" (p. 142). Sulke gemeenplaatse ontneem
aan die styl alle persoonlike aksent.
Onvervals retories word Tomlinson veral in sy natuurbeskrywings. "Die
son, bloedrooi, begin hom stadig in die arme van 'n veelkleurige see te
werp. Dit was, asof bruid en bruidegom ontmoet, albei in die fynste en
pragtigste kledy uitgedos.... Fyn goud val oor die hele aarde en
verfraai die skoonste _paleise_ en die armoedigste strooihuise--ens."
(p. 40).[297] Die _paleise_ sou 'n mens aan Potsdam kan laat dink! Maar,
die "ouderwetse woning" van Van der Bijl had ook "_honderde_ klein
venstertjies" (p. 4). Mooi is die stemmingsvolle gedig op p. 72, met
uitsondering van 'n enkele stoplap.
§ 11. Adv. H.A. Fagan.[298]
H.A. Fagan is gebore op Tulbagh in 1889. Van 1905 tot 1910 het hy op
Stellenbosch gestudeer en behalwe B.A. honneurs ook die Prel. L.L.B. en
Kerkadmissie-eksamens afgelê. Nadat hy ses maande op die Teologiese
kweekskool was, het hy vir enige tyd opgetree as waarnemende professor
aan die Victoria Kollege en vervolgens sy juridiese studie voortgeset in
Londen, waar hy advokaat geword 't aan die Middle Temple en ook die
L.L.B. graad behaal 't. In die begin van 1914 het hy hom gevestig as
advokaat in Kaapstad. Hy was een van die eerste direkteure van die
Nasionale Pers, 'n tydlank assistent-hoofredakteur van _Die Burger_ en
daarna vir enige tyd professor in Hollands-Romeins reg aan die
Stellenbosse Uniwersiteit. Tans het hy weer sy praktyk as advokaat in
Kaapstad hervat.
Van hom het verskyn _'n Eerste Digbundel, Uit 'n Studente-Album_[299] en
'n bloemlesing _Uitgesogte Afrikaanse Verhale_ (Burger-Leeskring, 2^de
jg.).
Uit 'n Studente-Album.
_Uit 'n Studente-Album_ bevat ses kort verhale, twee waarvan tot die
komiese genre behoort, _'n Vondeling_ lyk die meeste op jeugwerk. Die
beskrywing van Japie se ontnugtering bly aan die buitekant, en die
melodramatiese ontknoping word deur niks voorberei nie. _Op 'n
Vakansiereis_ en _Tableaux Vivants_ gaan baie dieper en bevat 'n
belofte. Dit geld ook van _'n Gewone Rosie_, waarin daar iets teers
sprokiesagtig is. Twyfel ontstaat egter aan die psigologiese
uitbeelding, wanneer ons hoor, dat die seuntjie hom die nag voorgestel
het "as 'n meetlose swarte ruimte, waarin jy sou dool en swerf as 'n
verlore siel" (p. 168). Ook die volgende sin mis die kinderlik-naïewe
toon, wat anders goed bewaar word: "Tog is daar 'n waas van
geheimsinnige betowering oor die hele natuur gesprei" (p. 169).
Fagan het 'n aangename verteltoon, 'n goedversorgde styl, wat net hier
en daar bietjie konwensioneel word. "Die dood van sy vrou het 'n
ledigheid in sy hart gelaat ... (p. 116); Sy was 'n sonnestraal in sy
koue, sombere woning (p. 117); die spore van wrange sielsverdriet" (p.
126). Erg ongemaklik moet Japie gevoel het "met 'n gloeiende vuur in sy
brein"! (p. 28).
_'n Eerste Digbundel_ bevat ook enkele prosastukke.
Uitgesogte Afrikaanse Verhale.
Hierdie bundel bevat negentien kort verhale van die volgende outeurs:
Helene Oldendorf, T. Schumann, G.R. von Wielligh, Rikie Postma, F.E. de
Villiers, C.R. Swart, Eugène C. van Wijk, Sarah Goldblatt, Essie Malan,
Frina Roux, Marjorie Hofmeyr, Chris. Fourie, N.H. Theunissen, D.W.
Wessels en "Veritas". Afgaande op die tietel sou mens verwag, dat dit 'n
bloemlesing is, maar die meeste verhale verraai 'n ongeoefende hand.
Daar is spore van diep gevoel, hier en daar 'n geslaagde toneeltjie,
maar weinig wat ontroer deur skoonheid van segging, klank of
uitbeelding. Die taal is deurgaans suiwer,--die skaaf van die
versamelaar het seker daaroor gegaan--en tog is daar kreupel
uitdrukkings soos die volgende: "Hy ken die druk van sy moeder toe hy
(aan) haar bors _gekweel_ het (p. 22); Sy vraag ... bring haar terug (p.
51); die vryerpaar wat hier ... staan te sug, te verwyt ... (p. 73); die
onmeetbare landstonele van die gedagtes (p. 145); in vyftig jaar het die
land die mantel van beskawing aangegooi (p. 147); Watter rede het u om
nooit ag te gee aan ons uitnodiginge nie? (p. 175); Is u boodskap in
militêre belange? (p. 198); Sy geheue hou nog 'n allerskoonste gesig en
onwillekeurig bring hy sy hand aan die saluut" (p. 202).
Die taal kon beskaaf word, maar die ouderwets-retoriese beeldspraak het
te diep gesit. Daar is b.v. 'n verhaal van "onbreekbare skakels in 'n
ketting deur smart gesmeed" (p. 42), waarin reeds op die eerste pagina
onder meer die volgende staaltjies voorkom: "Oorlog is in die lug. Selfs
die lieflike geur van die nuut-ontwaakte lenteblomme word verdring deur
'n verstikkende reuk van kruit en rookdamp; Offers ... op die altaar van
die nimmerversadigde oorlogsgod; die awendstond van sy veelberoerde
lewe", ens. (p. 36). So gaan dit die hele boek deur, alles mooi
grammatikaal korrek, maar sonder die fris geur van oorspronklikheid. Die
dames met hul "sielvolle blou oë" sug danig baie en die wind maak nogal
koddige maneuwers met die "geslaakte" dingetjies. "Dadelik skraap die
nagwind die suggie op, neem dit op sy vlerke en ry daarmee weg: oor die
velde en vlaktes, oor berge en dorpe, tot hy eindelik by 'n groot stad
kom. Tussen die hoë geboue deur vind hy sy pad tot by 'n oop venster.
Hier vertoef hy net 'n halwe sekonde, om die suggie van sy vlerke af te
skud, sodat dit binne in die kamer val"! (p. 128).
Van Von Wielligh is daar 'n soort politieke allegorie, waarin hy dit
regkry om Dr. Jameson vóór die Groot Trek te laat optree. Ook nog 'n
vaderlike predikasie oor blomme: "Eiliewe nee, laat ons hartsnare dan
liewer weerklank vind" ens. (p. 29). Sy gehoor het so fyn geword, dat hy
"_klap_wiekende skoenlappers" (p. 32) ontdek het!
Drie verhale gebruik die Duits-Suid-Wes-veldtog en verandering van
politieke oortuiging as motief en die meeste is dan ook geskryf tussen
1915 en 1918.
_Droogte_ van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, _Oog om oog_ is in sy
soort goed. Die gelukkige en treurende paartjies van die meeste verhale
maak geen blywende indruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde
oorsake ook gewyt moet word aan onbekendheid met die tegniek van die
kort verhaal. "More real brains are required for the construction of an
excellent short story than for a hundred pages of many a novel", sê
Harry T. Baker,[300] en die uitspraak bevat seker waarheid.
§ 12. Reenen J. van Reenen.
Reenen J. van Reenen is in 1884 op Calvinia gebore. In 1902 het hy met
sy B.A.-eksamen die eerste Koningin Victoria-beurs aan die S.A. Kollege
behaal. Vier jaar later het hy in Amerika sy studie vir siviele
ingenieur voltooi en na 'n jaar praktiese ondervinding op groot
besproeiingswerke in Nebraska na Suid-Afrika terug gekeer. Gedurende sy
studiejare het hy hom ook op taal en lettere toegelê en reeds van 1898
af op die tekenkuns. Aan die _Brandwag_-interviewer vertel hy: "Dit was
met die herlewing van die Afrikaanse Taalbeweging, wat in 1915/16 so
sterk gegaan het, dat die skryflus by my opgekom 't. Ek het 'n paar
hoofstukke prosa en verse geskrywe, wat my vrinde hier op Bloemfontein
beval 't. Hulle aanmoediging het my beweeg om _Die Agterstevoortrekkers_
(1917) uit te gee. Maar gedurende die voorbereiding van dié werk moes ek
toe my ou teorie toepas: n.l. dat die poging om leeslus onder ons volk
op te wek, sal misluk, of in alle geval baie langer sal neem eer dit met
sukses bekroon word, as die leesstof nie geïllustreer is nie."[301]
Van Reenen is ook 'n kampvegter vir die bestryding van grondverspoeling
en het hom spesiaal gewy aan die studie van die Boesmankuns, nadat hy in
1917 'n voordrag van die skilder Pierneef oor die inboorlingekuns gehoor
het. Ook op die gebied van folklore het hy al interessante ontdekkinge
gedoen. Behalwe die genoemde werk het van hom verskyn _Celestine_
(1919), en _Verborge Skatte_ (1920), twee bundels sketse; 'n roman: _Die
Lokaas_ (1921) en twee kinderboekies. Hy het ook baie ander werke
geïllustreer. _Die Agterstevoortrekkers_ word in hoofstuk VI bespreek.
Celestine en Verborge Skatte.
Dit is twee bundels verhale, hoofsaaklik navolging van Edgar Allan Poe
aan wie _Verborge Skatte_ dan ook opgedra is. _Celestine_ bevat
spookstories, met een waarvan die skrywer in 1903 'n prys behaal 't in
_The South African News_. Dié verhaal, _'n Hopie Bene_, is 'n droom,
maar in die orige word die geheimsinnige element nie verklaar nie,
behalwe in _Tant Annie_. James Russel Lowell het aan Poe toegeken "a
power of influencing the mind of the reader by the impalpable shadows of
mystery".[302] Verder sê hy: "In raising images of horror, also, he has
a strange success; conveying to us sometimes by a dusky hint some
terrible _doubt_ which is the secret of all horror."[303] Dit is wat ons
grotendeels by Van Reenen mis. Sy voorstellinge is te nugter, sy
geheimsinnigheid te deursigtig. Die subtiele realistiese illusie, wat
Poe b.v. in een van sy beste verhale _Ligeia_ skep, lê buite Van Reenen
se bereik. Wie b.v. Poe se nagwake by die lyk van die Lady Rowena
vergelyk met die enigsins analoge situasie in die verhaal _Celestine_
(p. 30) voel direk, dat dit veral realistiese uitbeelding is, wat by Van
Reenen ontbreek. Poe verstaan die kuns om deur allerlei suggestiewe
besonderhede 'n dodelik beklemmende atmosfeer te skep--Van Reenen noteer
alleen die geheimsinnige feit. Die vergelyking wat Dr. Dorothy
Scarborough tussen Poe en Hoffmann maak, pas ook op Van Reenen "His
(Poe's) horrors have a more awful effect because he is an incomparably
greater artist. He knows the economy of thrills as few have done. His is
the genius of compression, of suggestion."[304]
Die _Verborge Skatte_ word deur Professor Erts se buitengewone vernuf
ontdek. Die raaiselskrif in _Die Voortrekker se Skat_ is gebaseer op die
van Poe se verhaal, _The Gold-bug_. In _Die Kinderdief_ word gebruik
gemaak van 'n motief, waarop Poe o.a. _The Purloined Letter_ gebou het:
"the intellect suffers to pass unnoticed those considerations which are
too obtrusively and too palpably self-evident. The Minister had
deposited the letter immediately beneath the nose of the whole world, by
way of best preventing any portion of that world from perceiving it."
Ook in die uitwerking van die besonderhede is daar ooreenstemming.
Van Reenen het 'n aangename verteltoon en sy verhale is verdienstelike
ontspanningslektuur.
Die Lokaas.
Gert Vermaak, 'n begaafde weeskind word deur oom Willem en tant Miem
aangeneem. Toe hy ses jaar oud was, kom 'n ontwikkelde Hollandse
skeepskaptein om gesondheidsredene op die Karoplaas woon. Onder sy
leiding word Gert so buitengewoon skerpsinnig, dat dit die
opmerksaamheid van 'n kapitalis trek, wat hom na Europa stuur om vir
advokaat te leer.
Na sy terugkoms vestig hy hom in Kaapstad en word gou een van die leiers
van die Boereparty. Maar die kapitalis gebruik 'n mooi vrou as lokaas,
en by die stemming oor 'n gewigtige wetsontwerp word Gert ontrou aan sy
party.
* * * * *
Voorop moet gestel word, dat die skrywer geen poging doen om die
geleidelik voortskrydende geestelike ontwikkeling van 'n geniale kind te
skets nie. Hy gee alleen "'n loshangende versameling van staaltjies wat
Gert (hom), af en toe in die laaste dertig jaar ... vertel het." Die
skrywer is nie die objektiewe uitbeelder van 'n deurleefde werklikheid
nie, hy is net die verteller van Gert se geskiedenis. Hy self tree
telkens op die voorgrond, spreek "die welwillende leser" toe (p. 29), en
voel hom kort-kort gedronge om brokkies van sy eie wysheid by die
verhaal in te las. Daarom mis dit die warme tinteling van intimiteit,
daarom bly die skrywer maar al te dikwels aan die buitekant van sy
persone. "Dit lyk asof (Gert) teenoor die kaptein voel soos 'n minnaar
teenoor sy nooientjie ... hulle gesprekke was hom heilig en dit sou
heiligskennis wees om dit te publiseer" (p. 29). Alweer die treurige
sluiertaktiek, 'n vyeblaartjie om eie magteloosheid as kunstenaar te
bedek! Is dit dan nie juis die kunstenaar nie, wat met sy wondere
intuïesie moet deurdring tot die heilige der heilige? Die uiterlike
lewensfeite sien ons almal, lees ons daagliks in die krant, maar dit is
die kunstenaar, wat die verborge roersele van die hart moet openbaar. Hy
moet so opgaan in die persoonlikheid van sy figure, dat hy alles _seker
weet_, dat hy die kleinste nuansering van gevoelens en gewaarwordinge
kan ontleed. As hy alleen kan sê: _"Dit lyk asof ..."_ (p. 29), dan
twyfel ons aan die egtheid van sy voorstelling. Hoe moet ons nou met
Gert meelewe, as van die drie belangrikste jare uit sy ontwikkeling
selfs geen "loshangende versameling van staaltjies" meegedeel word nie?
Maar wat wèl verhaal word is, dat die _R.M.S. Tartar_ presies om vieruur
uit Tafelbaai gestoom 't met Gert aan boord en dat hy met die _R.M.S.
Scot_ uit Europa teruggekeer 't! Van die jong advokaat weet ons nie veel
meer dan die plaat by p. 132 ons te sien gee nie--'n jongkêrel soos
duisend ander--geknip uit die eerste die beste kleermakerskatalogus!
Gelukkig is daar enkele gedeeltes waar Van Reenen nie alleen die
verteller nie, maar Gert self is. Die uitmekaarhalery van Oom Willem se
oorlosie (p. 19-20), die waterlei in die nag (p. 40) en nog ander
toneeltjies uit Gert se kinderjare toon, dat die skrywer 'n fyn
psigologiese insig het. Dit geld ook van die manier, waarop Gert sy
besluit neem om Stella nie op te gee nie. Hoe treffend-juis is dit
gesien om die nesmakende duiwe die deurslag aan sy redenasies te laat
gee! Maar die mooi gestileerde sinne, wat Gert se dink-taal moet
voorstel is weer van Van Reenen. Ook enkele gelukkige trekke in Tant
Miem en Oom Willem toon, dat die skrywer 'n taamlike uitbeeldingsvermoë
het. Maar dit is alles so fragmentaries, dat die persone tog vaag bly.
So word die planne van die intrigerende kapitalis met dieselfde
behendigheid as in _Verborge Skatte_ uitgewerk, maar daar is weinig
aanduiding, dat hy behalwe draadtrekker ook _mens_ is.
Gert is blykbaar 'n uitsonderingsfiguur, maar selfs so beskou, is daar
enkele trekke in sy karakter, wat wys op 'n verdraaide psigologie. Op p.
24 word ons verseker: "Soos 'n openbaring ... word sy volksbewussyn
skielik gebore". Hy is nog maar ses jaar oud, maar omdat hy so 'n
talentvolle knapie is, wil ons dit aanneem. Ongeveer ses of sewe jaar
later hoor ons egter: "Volksbewussyn sal hy maar ontwikkel in die
vreemde lande wat hy later sal deurreis" (p. 68). Afgesien van die
teëspraak is die voorstelling hier absoluut vals, want daar is geen
enkele jongeman van twaalf of dertien jaar nie wat, selfs al begryp hy
die abstrakte idee ook, so 'n wonderlike besluit kan neem. En die
wysgerige bespieëlinge op p. 52-53 is geen "raaisel" nie, maar eenvoudig
gedagtes van die skrywer self, wat hy aan die twaalfjarige knapie
opdring.
As voorbeeld van die swak tegniek kan aangehaal word, dat deur die lang
uitweiding op p. 11-12 die spelende Gertjie skoon vergeet raak. Net so
gaan dit met die kaptein. "Ons durf darem nie langer by hierdie
interessante woordkuns vertoef nie, want ons vriend die seevaarder wag
nog al die tyd vir ons op die drumpel van die voordeur ..." (p. 16). Op
p. 22 heet dit: "Maar ek loop my verhaal verby, en ons moet eers weer 'n
bietjie terugkeer."
Van Reenen het 'n los, gemaklik-vloeiende styl, wat egter weinig
persoonliks het. Beeldspraak gebruik hy maar selde; die "verdraaide
beeld" op p. 139 is nie gelukkig nie, en die "spatsels van die smeer van
die misvloer" wat mens aan golwe laat dink nog minder (p. 66). Die
"liefdesbeker" (p. 52) ken ons al van toeka se dae af! "In hierdie dae
begin Gertjie al in brein en liggaam tamelik uitrek" (p. 39)--'n pynlike
proses, wat mens aan die inkwisiesie laat dink! Verkeerd is: "Maar die
werk wat hy gedoen het, gee 'n _weerkaatsing_ in sy professionele werk"
(p. 92). Veral in _Verborge Skatte_ is die anglisismes volop. "Toe ek my
op my ou dag geskilder het as omring deur 'n kring talryke kinders (p.
112); om hande op die skobbejakke te lê (p. 151); Alles wys daarheen
...; Kan ek vanaand ... met my kollega opkom?" (p. 154) ens. In
_Celestine_ kom o.a. voor: "Gelukkig had ek nie lank te wag ... (p. 93);
van êrens ... val daar 'n geweldige hou (p. 33); haar brood en botter
verdien" (p. 20).
§ 13. Léon Maré.
H.L.F. Maré is in 1889 op Pietersburg gebore. Na 1902 het hy o.a. op
Wellington en Pretoria sy opvoeding voortgeset. Maar hy moes al gou sy
eie potjie skraap en toe het hy, terwyl hy in die posdiens was, privaat
gewerk vir Skool-Hoër. Hy is nou amptenaar in die Uniegebou, Pretoria.
Party van sy eerste stukke het in Nederlands verskyn. Van 1911 af is hy
'n troue medewerker van _Die Brandwag_ gewees. Van hom het verskyn: _Die
Nuwejaarsfees op Palmietfontein_ (1918) en _Ou Malkop_. Laasgenoemde is
bekroon met die Hertzog-prys van die Akademie (1919)[305].
Die Nuwejaarsfees, (1918).
Léon Maré is een van die weinige Afrikaanse skrywers by wie die
awontuur bysaak en die mens hoofsaak is. 'n Armsalige putgrawertjie, wat
deur 'n harde rotsrif skade ly, 'n houtryer op weg na die mark met 'n
vrag--sulke eenvoudige motiewe gebruik hy vir verhale. Tog leer ons Toot
veel beter ken in die omvang van 'n kort verhaal, dan al die
brawe-Hendrik helde van die awontuur-romans, wat hemel en aarde beweeg
deur hul buitengewone dade. Léon Maré besit die gawe om sy karakters te
laat lewe, só te laat lewe, dat mens hul asem op jou aangesig voel. Deur
die tekening van allerlei uiterlike eienaardigheidjies,
gelaatsuitdrukking, gebare, ens. sien ons hul vlak voor ons staan.
Terselfdertyd openbaar hy in sy beste stukke 'n indenkingvermoë, wat hom
in staat stel om selfs die fluistergeheimpies van 'n mensehart te
verstaan, deur te dring tot die diepste kern daarvan en al die
begeertes, stemminge en lewensaanvoelinge uit te beeld. Deur ligte
aanwaaisels van allerlei herinneringe laat hy ons heel die verlede van
sy figure begryp, terwyl ook die inwerking van hul omgewing plasties
voorgestel word. Selfs waar hy romantiese gegewens kies, soos in die
oorlogsverhale is dit tog altyd meer die mense, as hul awontuurlike
ondervindinge, wat Maré interesseer. Met hoeveel liefde verwyl hy nie in
_Die Kommandeer van Japie Moolman_ by allerlei besonderheidjies, die
aanval van die waghond, die trappery op die kat, ens. Soms is sy
tafreeltjies 'n byna dood-nugter kopie van die gewone lewe en tog
ontroer dit omdat deur die beskrywing so iets warm-mensliks huiwer. Daar
is b.v. die inmekaar gekrimpte Toot op die putwal (p. 152)[306] met sy
brood en koffie; langs hom sy verkluimde seuntjie. Hoe suiwer en eg word
die outjie se kindergedagtes weergegee! Dan weer Toot in sy huur-kamers,
met 'n konsertiena op die knie, of besig om 'n kinderskoentjie heel te
maak. Goed gesien is dit ook om Outa Booi na die oorlog op Japie Moolman
se geroeste ploeg te laat afkom (p. 85). Deur sulke eenvoudige middels
bereik die skrywer sy doel. Met tallose klein handelinge bou hy vir ons
'n lewende mosaïek.
Op iedere pagina gee hy blyke van fyn waarneming. Hy het gesien hoe
die wind met die ou ooms se baard speel, hoe die stoffies agter 'n
galopperende ruiter uitslaan en wegkwyn, hoe die wagvure opflikker en
fantastiese skaduwees ronddans. Vir al die wisselinge in die natuur
het hy 'n ope oog--vir die songetinte wolke, die wasige mis op die
bergrande, die wondere van die sterrehemel. Ook weet hy hoe die
steenbokkie "sy eerste bekkie vol soet gras onderuit 'n graspol"
afknyp (p. 195), hoe die rysmiere uit hul gaatjies glip, hoe die
muggies "in sirkels van tallose spikkeltjies wals en sigsag ... oor
waterpoele" (p. 102). Telkens weef hy mooi stemmingsstukkies inmekaar,
gee hy met 'n paar trekke die atmosfeer so duidelik aan, dat dit die
werklikheidsillusie versterk.
Altyd geluk dit hom natuurlik nie. Hy is te veel geneig om iedere keer
weer te praat van _gordyn, disk, karmosyn, silhoeëtteer_, ens. Op p. 42
las hy op storende wyse 'n kwasi-astronomiese opmerking in: "Die klein
fonkelende sterretjies is ligte van die eindelose Planete-wêreld ..."
ens. Grotendeels misluk is ook die tekening van Annie Bester voor die ou
harmonium: "In die voorhuiskamer, voor 'n oopgetrekte vensterraam ..."
ens (p. 37-38). Uit allerlei klein besonderhede blyk dat Maré die
toneeltjie alleen as toeskouer beskryf.[307]
In _Die Nuwejaarsfees_ word die vrolikheid van 'n klomp olifantjagters,
met forse trekke geteken. Die kaskenades van Oom Klaas, wat 'n ankertjie
egte brandewyn op slinkse wyse bespring, is goed beskryf. _Annie Bester,
Japie Moolman, Freek en sy perd Bles_ behandel episodes uit die
vryheidsoorlog. In _Wrange Vrugte_ word 'n geeerde volksraadslid deur
kindergebabbel en die afskietery van klappers op Krismisaand aan sy
verraad in dieselfde oorlog herinner. Die skets gee blyk van 'n goeie
psigologiese insig. Die afskeid van voortrekkers aan Dassieshoek in die
ou Kolonie en die rit van Frans Malan om die laers vir Dingaan te
waarsku, word in twee sketse beskryf. _Die Stem van die ou
Kafferkraal-Murasies_ is 'n poging om die mentaliteit van 'n
Soeloesoldaat te teken, 'n poging, wat herhaal word in _Soeloe-Eer_ uit
die bundel _Ou Malkop_. _Moebie_ vertel van die tobbery van 'n
kaffermoeder oor haar seun, wat toevalle kry en _Joggem Helberg_ is 'n
jongkêrel, wat in 1863 deur leeus verskeur word. Die eerste druk van
_Die Nuwejaarsfees_ het ook nog bevat 'n retoriese beskrywing van 'n
storm, wat met reg by die twede druk weggelaat is. Drie nuwe verhale,
_Wrange Vrugte, Moebie_ en _Joggem Helberg_ het daarvoor in die plaas
gekom, terwyl tallose taal- en stylverbeteringe gemaak is.
Onvoldoende taalkennis gee Maré se werk 'n lelike knou. Hy maak foute,
wat skooljongens kan verbeter. Sy interpunksie is swak, sy spelling
treurig. Hy skryf b.v. _lysels, geoeffende, vors_ (fors), _vergaarderde,
gesannikie_, ens. Die dubbele negatief ontbreek dikwels en anglisismes
is volop o.a. "die hele van die ander dag (p. 42); een onheil, wat moet
plaas neem (p. 56); 'n menende knik (p. 60); afwerk (p. 92); twee meer
veldstoele (p. 105); (ek) lei die weg soheentoe (p. 138); opgelig (p.
141); hy gee 'n ander gapie (p. 148); gesette kake (p. 193); as die
vlamme ... opflaar (p. 201); haar bors ... hewe op en af (p. 225); (hy)
rys hom uit sy sitplek (p. 61); toe het bloedvergiftiging in die been
gesit" (p. 217) ens. ens. Woordskikking en verbuiging van byvoeglike
naamwoorde is dikwels gebrekkig, b.v. "En hy word gou agterna gevolg, na
die plek van bestemming, _goed of sleg_, deur sy troue manskappe (p.
78); deftig_e_ geklede dames (p. 157); 'n spoelende en bruisend, kristal
stroom water (p. 102).
Die opdrag om 'n kort skets te skryf, waarin die woorde _alleenliks_ en
_nouliks nog_ nie mag voorkom nie sou seker vir Maré die swaarste straf
wees. Tot vervelens toe prop hy dié woorde in alle hoekies en gaatjies,
en naderhand weet hy absoluut nie meer, wat hul eintlik beteken nie! In
_Ou Malkop_ kom selfs voor _uiteindeliks_ (p. 145), _oogverblindeliks_!
(p. 148), _natuurliks_ (p. 195), en die volgende: "Guillaumet kan geen
woord uitkry van verbasenheid (!) nie en blik die gouverneur _alleenliks
net_ meer in verwondering aan" (p. 198).
Foutiewe meervoudige vorms soos die volgende kom voor: lofliede (p.
178), sugge (p. 95), streeltjies (p. 94), wandels (p. 131), getjilpe,
gefluite, gebruise (p. 43, 45, 52) ens. Die werkwoord word verkeerd
gebruik in: "Die son kom agter die koppie uit en _skitter_ strale van
goud oor ... (p. 101); 'n vensterraam, waardeur 'n groot hanglamp sy
breë wit lig ... na buite ... _stroom_ (p. 37); tante _sweef_ haar arms
so voor haar uit ... (p. 35). Maar hy _gewaarword_ nie 'n meisie nie (p.
75); Towenaars alleen _woon_ so 'n kluisenaarslewe (p. 131); deur sy
fluksheid het hy gou _bevorder_ tot kommandant ... (p. 209); Uit die
gewoel ... _hef_ 'n nat voorhoof omhoog (p. 211); agtervolg (p. 60); die
doudruppels ... blink en skitter en _rol_ boomstamme orals _af_" (p.
54).
Lomp, of heeltemal onverstaanbaar is o.a. die volgende: "Haar gemoed
skiet haar diep (p. 60); Die grasdak ... skep nuwe herinneringe ... te
voorskyn (p. 98); met 'n gefynde oor (p. 79); Ek worstel om van 'n
betowerende wilskrag los te kom (p. 123); 'n stulpende onderaardse skok
(p. 141); 'n Vaal hond ... vlieg ... uit sy skuilplek, haal-haal oor die
gedraai of die ruiter hou-hou met sy karwats agtertoe ... (p. 61); die
vroutjie ... word veronderstel deur haar rokende man langs aan (p. 152);
die agent is toegehul in die geheime; deur al sy omgewings van grootheid
en deftigheid, word geen ondersoek ingestel nie ... (p. 155); nog 'n
terugdeinsende tree vorentoe" (p. 228).
Die volgende rariteite gebruik Maré ook: geheelal (p. 42); die
_toeskou_ van so 'n klomp waens ... het 'n dagbreek-oujaarsmore net
toepaslik gekleur (p. 14); gewigte rapport (p. 40); 'n staanbeeld
uitgehou in graniet (p. 43); met opgestrekte lippe (p. 56); wyshooftig
(p. 70); diep bewoog (p. 72); Die jonge rapportganger ... arriveer terug
(p. 114); opgedoste krygsmanne (p. 125); sissende-vurige dinamiet
lonte[308] (p. 141).
Hoe die skrywer soms sukkel, blyk uit die volgende. In die eerste druk
kom voor: "'n toegerankte grennadella stoepie" (p. 43). Dit word in die
twede druk: "'n grenadella gerankte stoep"! (p. 44). Op p. 122 kry ons
weer "'n toegerankte grenadella-veranda".[309]
Soms is daar iets telegramagtigs in die styl, meestal veroorsaak deur
die veelvuldige gebruik van verlede deelwoorde. Wanneer Ter Blanche die
voorhuiskamer beskou, lees ons: "'n Mooi aardige skulpaddoppie kom
eindelik onder oog, _opgestaan en oorgetree, en_ dit word gou opgetel
van die tafeltjie, waar 'n groen kleedjie netjies oorgetrek is, _en_
waarop 'n groot lamp met 'n kleurige oorglas staan, _en_ dit word
noukeurig beskou _en_ bewonder." (p. 56.) Dit is 'n tiepiese voorbeeld
van Maré se verwarde, inmekaargedrukte sinne, slordig aanmekaar
gekoppel. Sulke _en-en_-reekse is daar soos bossies. "_En_ eindelik
sissend _en_ stomend verlaat die lokomotief die treinstasie stadig, _en_
onder 'n geween _en_ geskreeu van "hoeré!" _en_ hoede in die lug
opgegooi. _En sy_(!) trek voort, _en_ nouliks ... ens." (p. 68). Dat die
koppelwoord naderhand glad geen betekenis meer het nie, of heeltemal
verkeerd gebruik word, blyk uit sinne soos die volgende: "Onderwyl hy
besig is, kom die diensmeisie binne, _en_ met 'n silwer teepot, en
sinese koppies en pierings ... (p. 151); Behalwe vir 'n paar opmerkinge
nog oor die mooi onweer, wat diekant in die lug lê, _en_ die seun gaan
haastig vooruit ..." (p. 65). Ook _hul-hul_-sinne kom voor. "Menige van
die burgers ... is ... in _hul_ distrik teruggekeer as versterking, maar
hoewel in _hul_ eie deel van _hul_ land, was _hulle_ geskei van _hul_
famielie-betrekkinge, want _hul_ plase was so kaal ... en _hul_
famielies was almal _in_gevoer deur die vyand na die kampe ..." (p. 69).
Daar is nog meer sulke herhalings, wat aantoon, dat Maré se klankgevoel
soms erg gebrekkig is. "Bo op die kruin ... bars die son deur ... _en
verlig_ met uitgespreide trillende strale die gras_toppe_ van die
berg_toppe_, _en verlig_ donkere spelonke _op_(!) (p. 195). Maar hy
gewaarword (!) nie 'n meisie nie wat buite_kant_ _kamp_ drade die_kant_,
op haar knieë neersak, haar hande tesame omhoog _vou_, ver_trou_end op
na die _troue_ heldere wagtertjies bo haar kyk (p. 75); Skerp flikker
die staal mes voor aan die punt van sy ge_weer weer_ ... (p. 76); 'n
gekletter van _perde_pote van verwilderde _perde_" (p. 49). Maré is ook
te lief vir langdradige omskrywings, wat soos 'n remskoen op sy
verhaalgang werk. As ons lank al weet wie Annie is, dan hoor ons nog
altyd van "Oom Andries Bester se dogter Annie" of "oom se dogter", (o.a.
p 37, 38).
Nog 'n paar staaltjies van die skrywer se gebrekkige uitdrukkingsvermoë:
"Die tyd tree weer met haar sikkel soos gewoonlik in, en die uur of so
se vereniging hier word ook eindelik weer die verwyderde sny gegee[310]
(p. 73); Daar verlos hy hom gou van sy swaar dik winter jas (p. 147);
baie hartseer luister die oubaas na die laaste koei vanaand op die plaas
se melk ... (p. 93); die generaal halt voor en klim uit sy saal, die
manskappe uit hul saals, en nouliks is al die tooms versamel of 'n paar
burgers kyk voor vasgehoude perde hul maats agter, wat so agter die
leiers aan wegtree, met hul mousers (p. 72); Dan maak ou oom en sy troue
oujong Jonathan stoele en rusbanke uit aardige houtsny uit stinkhout ...
(p. 203); Die hele dorp spring in wakkerte" (p. 80).
Daar is ook voorbeelde van afgeslyte beeldspraak soos: "deurboorde harte
(p. 74 en 100); eindelik sprei die duisternis ... soos 'n swart kleed
wat neerval (p. 72); die bytende tand (p. 78); die hamer van Tyd" (p.
95). Komiek word dit wanneer ons hoor: "haar bors bewe meteens op en
neer soos die rustelose golwe van die see"!! (p. 60).
Maar ten spyte van sulke opvallende stylgebreke ontroer Maré se prosa
ons tog, omdat, soos Jan Celliers tereg opmerk in sy voorwoord, hy
"dinge so gesien en gesê het as nog geen ander skrywer in ons land nie".
Sy krag lê nie in die tekening van groot-opgesette tonele nie; dit is
die vlugge vegies, waarmee hy op verrassende wyse 'n realiteits-illusie
kan skep. In sy beste werk is daar 'n innigheid, wat die kleinste
voorval beglans met 'n sagte en suiwer lig. Dan klink daar ook op in sy
sinne 'n sterk persoonlike aksent, dan vind hy die juiste woorde om sy
emosie te vertolk. Dit is 'n gebrek aan tegniese vaardigheid, wat sy
werk hier en daar soos skooljongens-geskryf laat lyk.
Dié gebrek is in sy twede bundel
Ou Malkop
só markant, dat mens nie anders dan van _taalgemors_ kan praat nie.
Voorbeelde daarvan staan op byna iedere pagina, en sitate word feitlik
oorbodig. Heeltemal misluk is die beskrywing van die ontsporing van die
Engelse trein (p. 41-42). "Hy kom aangestoom en aangedroom op sy
masjienery en hardloop los vooruit met alle krag en verdelgende mag....
Die bodem van die aarde tril! Dis of die sterre in hul blou firmament
gril met iedere naderende stamp en uit hul gewelf wil losbeef!... 'n
Gehom-mmm! van raddewerk van masjienery!--en meteens! 'n lang ry
swart-kamers hol dol en ril duiselig oë verby!--'n groot windvlaag skep
alles op onder die kranksinnige gedruis! 'n Stulpende onderaardse skok!!
'n donderende donderslag!! en daar omrol 'n stuk swaar ysterwerk soos 'n
kanon in die lug" (p. 42). Dit is magtelose gestamel met viesie- en
taalverknoeiing, wat in die historiese skets _Etienne Barbier_ 'n
toppunt bereik en soms geheel onverstaanbaar word. "Mnr. Guillaumet gryp
_sy_ musiek in die een hand fermer, laat _sy_ krullende kop effens op
_sy_ skouer val en _sy_ basstem rol uit _sy_ breë bors:
Ons blink gespande snare!
Saam 't stem van sangster's hare;
Roep my hart van Cabo's kuste walm
Terug na Nederlandse strande kalm!
_En_ daar volg handeklappies onder 'n toejuiging, _en_ deur twenk!
twenk! snare alweer _en_ 'n basstem klink ernstig deur...." (p. 168).
Enkele staaltjies moet nog gegee word om aan te toon hoe Maré se taal
en styl verwilder het: "Die skaduwees dans en flonker hier en daar (p.
11); hy roep protestend deur 'n bol rook (p. 21); Uitgestrekte liggame
van slapende burgers is gedompel en verswak in die diepte van die nag se
boesem (p. 33); 'n opgeheefde sabel (p. 43); en nouliks of hy 's te
voorskyn gekom om te ontwapend (p. 44); met verslaagde oë (p. 53); ek
(het) my die vraag al gesit (p. 72); waar ... hiënas eentonig in
monotoon af en toe tjank (p. 81); ou Loftus ... wat 'n groot moege
glimlag vir hulle dra (p. 128); in 'n verre afwykte land (p. 133);
Borste hewe op en af ... (p. 142); die jagveld (is) nog in die luim van
die vroeë stilte gedompel (p. 154); Die meisie aan die sy van G. tree
die ontvlugte man uit die kasteel te voorskyn (p. 181); Vir 'n oomblik
is die voorgeneemde moordenaar ... in al sy ruheid gestem (p. 190); En
die aand laat, toe daar nog 'n tippie roesrooi in die verre geskiet
langs die verhewende bergkruine opskemer ..." (p. 200).
Dit alles en veel wat nog erger is staan in die boek wat _mirabile
dictu_ in die jaar onses Heren 1919 deur die Suid-Afrikaanse Akademie
vir =Taal=, =Lettere= en =Kuns= bekroon is met die Hertzogprys!
Hier en daar is natuurlik nog enkele gelukkige trekke, wat ons aan die
skrywer van _Die Putgrawer_ herinner. Veral in _Fekkie_, die verhaal van
'n blomverkoopstertjie en _O so 'n harde Hart_, waarin die besoekers van
'n kantien geteken word, is daar goeie gedeeltes. _Die Liefling van die
Korps_ gee 'n skildering van die kommando-lewe; _'n Wonderlike Ongeluk_
en _Die ou Poskoets_ voer ons terug na die ou dae. In 'n brief aan _Die
Burger_ praat Maré van "die onuitputlike bron van die lewes van ons
gewesene Afrikaners" en dit blyk dat veral "die stoere ou
olifants-jagters van 1861 se dae" hom aantrek. "In die algemeen is die
rigting van my strewe om al die goudgeel sonstraaltjies van die verlede
van ons voorgeslagte te herroep en te trag om dit vars te laat bly in
die geheues van ons jong geslag."[311]
In die skets _Ou Malkop_ word moralisasies van die skrywer tussen die
gepeins van die kaffer ingevleg en op p. 150 is daar 'n uitweiding oor
"die ou dae". In _Eensame Prospektors_ is die dialoog onnatuurlik.[312]
Ook in sy portret-tipiek is Maré nie gelukkig nie. As ons lees op p. 82,
dat Van der Walt 'n "dik gedraaide swart buffel-horing snor" het, en as
hy lag "geluide maak soos wat kom van wegdrentelende makoue" (p. 92),
dan ontstaan daar al twyfel; wanneer ons enige pagina's verder hoor, dat
Hoard "'n stywe snor oor die bo-lip soos gevoude swawelvlerkies" het (p.
100), dan versterk dit die suspiesie, dat die opsetlik bedagte kenmerke
meer van 'n lomp toneelspeler afgekyk is, dan na die lewe geteken.
Sal Maré na 'n paar jaar ernstige studie alle tegniese moeilikhede
oorwin, en ons 'n kunswerk van rype voldragenheid aanbied? Dan vergeet
ons sy jeugdige _malkop_-onderneming, ten spyte van die
onsterflikheidsstempel van die Akademie.
§ 14. D.P. du Toit.
D.P. du Toit is 'n afstammeling van die Du Toits Van Daljosafat, waar hy
groot geword 't. Sy moeder was 'n suster van Ds. S.J. du Toit. Omdat sy
gesondheid toe nie teen plaaswerk bestand was nie, het hy van 1891 af
onder Ds. S.J. du Toit gewerk op die redaksie van _Di Patriot_ en ander
blaaie. In 1896 was hy sekretaris van die eerste Afrikaanse Taalkongres
in die Pêrel en _Ons Kleintji_ het hy feitlik geredigeer onder toesig
van Ds. S.J. du Toit. Later was hy aan verskillende krante verbind, by
_Het Westen_ o.a. as redakteur. Sedert die oprigting van _Die Burger_ is
hy een van die subredakteure van die blad.
Een van sy toneelstukke, _Die Bedriegers_ is in 1893 geskryf. Wanneer
Melt Brink se toneelwerk buiten beskouing bly, dan is dit die eerste
Afrikaanse stuk wat gedruk en opgevoer is.[313] Op Somerset-Oos is dit
vir die eerste maal gespeel. Van Du Toit het verder verskyn die
toneelstukke _Geldsug of Jaloesie_ en _Die Herwonne Koninkryk_; 'n
roman, _Sy Pa se Skuld_ (1918) en 'n bundel grappige versies
_Treinnonsens_ (1922).
Sy Pa se Skuld.
Lina trou teen haar vader se sin met Fred, 'n volbloed skurk, wat met
die huwelik sy finansiële ondergang wil voorkom. Sy word onterf en Fred
moet vlug na 'n hele reeks misdade. Sy seun, Gert boet vir die misdade
van sy vader en word in sy liefde gedwarsboom. Op die ou end kom alles
tog reg en selfs die berouvolle Fred word in sy eer herstel.
Du Toit doen wel 'n poging om deur te dring tot die innerlike lewe van
sy karakters, maar vir die uitbeelding van 'n geweldige psigologiese
kriesis is hy te huiwerig. "Dis te heilig, ons mag nie probeer om dit na
te speur nie" (p. 99); "Die afskeid sal ons egter nie trag te beskrywe
nie, eenvoudig omdat dit nie kan beskrywe word nie"[314] (p. 113). Op
dieselfde manier glip hy oor die smart wat Gert en Lorrie uitstaan as
gevolg van die vervalste briewe. Dit is nie 'n deurleefde verhaal nie,
waarin die roersele van 'n mensehart blootgelê word. Du Toit beskou sy
persone meestal op 'n afstand as belangstellende toeskouer. "Terwyl hy
daar agter die randjie ry, raak hy ons ook uit die gesig" (p. 106). Die
handeling word nie direk in plastiese vorm gegiet nie, sodat iedere
leser onmiddellik sien en hoor wat daar gebeur. Die skrywer self is
telkens aan die woord en deur sy nugter opmerkings en prekerige
uitweidings kom die gebeurde tot ons langs 'n groot ompad, sodat dit nie
tot werklikheid kan vergroei nie. "Nou dis nie nodig om die twee nes hul
skaduwee te agtervolg nie...." (p. 48). "Die betrokke persone het ons
heeltemal uit die oog geraak" (p. 144). Daar is meer sulke aanduidings
van gebrekkige tegniek.[315] Die preek oor die teks "Ik stond op het
zand der zee" is 'n nuttelose uitweiding en die lang beskrywing van die
viskopery net so. Die skrywer vertel ons self ewe naïef, dat Gert en
Lorrie "ook maar bloed weinig van die hele toneel gesien het"! (p. 151).
Besonder omslagtig is Du Toit se verhaaltrant dikwels. 'n Enkele keer
besef hy dit self: "Dog ons sal nie op haar hande staan en kyk om te
sien hoe sy werk nie." ens. (p. 51.) Hy vermoei deur 'n langdradige
opsomming van allerlei onbelangrike besonderheidjies (vgl. b.v. p. 212),
terwyl ook die gesprekke met reportage-noukeurigheid weergegee word.
Die styl verraai die hand van die geoefende joernalis, wat met gemak sy
sinne aanmekaar ryg, sonder juis te streef na skoonheid van klank. Maar
selfs die haastige joernalis mag nie sulke sinne soos die volgende
neerskryf nie: "Hy herinner hom nou goed, so duidelik as kan wees, dat,
toe hy gistraand sy tabaksak uit die sak wou haal sy sakdoek bo-op die
tabaksak in sy sak was, dat hy toe die sakdoek eers uitgehaal het en toe
die tabaksak en toe weer die sakdoek in sy sak gesteek het, en na hy sy
pyp gestop het, het hy die tabaksak somar so onverskillig bo-op die
sakdoek in sy sak gesteek." (p. 104)[316] Maar sulke sinne is gelukkig
uitsondering en die styl is deurgaans helder en goed versorg. Om dié
rede veral moet die roman, ofskoon dit geen aanspraak kan maak op hoë
letterkundige verdienste nie een van die leesbaarste Afrikaanse romans
genoem word. "'n Rousteen vir die binnemure" noem die skrywer sy werk
met goeie selfkennis in die voorrede. Voorlopig kan ons sulke roustene
nog goed gebruik, al bestaan daar gegronde rede om te vrees, dat dit
mettertyd sal verbrokkel.
As 'n voorbeeld van Du Toit se beeldspraak kan die volgende dien: "'n
Vat kan maar 'n sekere hoeveelheid hou. Pomp jy daar meer in, dan loop
dit oor. So is ook die menslike gemoed." (p. 87.)
Engelse invloed blyk uit die volgende: "'n Man van professie (p. 178);
dit help nie vir ons om oor gestorte melk te huil nie (p. 190); tot my
dooddag toe (p. 207); 'n buig" (p. 160).
§ 15. A. du Biel.
A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik
Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in "die bittere
publieke skool van die lewe" het hy al sy kennis opgedoen. Van sy
twaalfde jaar af het hy baie gelees en van kleins af met sy vader lang
reise gedoen. Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir
homself 'n bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir sy ouers
ook op hom geval.
_Getrou_ het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf.[317]
_Die Misdade van die Vaders_ het in 1919 verskyn. 'n Nuwe roman, _Kain_,
wat oor die periode 1870-80 handel is nou in die pers. Op die oomblik
verskyn in afleweringe _Oor Berg en Vlakte of Onder die Vierkleur_, 'n
verhaal vir die jeug, in die eerste nommer waarvan "pakkende awonture"
in vooruitsig gestel word.
Die letterkunde beskou Du Biel as "die kragtigste wapen om ons volkie te
ontwikkel". Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika
op te wek.
Getrou.
Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk,
Holland en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so
swak aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees 't. Moet die
praatjies oor Lodewyk XIV, die "prag en praal van Versailles" en 'n paar
armsalige _ma chère's_ ons nou onder die indruk bring, dat ons in
Frankryk verkeer? Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit
in aanraking nie, en die historiese vliesie is baie dun. Met 'n
komieklike naïwiteit vertel Du Biel ons in beeldspraak, wat baie op die
van Von Wielligh gelyk, hoe hy gesukkel het om "Vader Tyd se rytuig" te
laat stil hou! (p. 142). "Dit neem dan ook heelwat inspanning van die
verbeeldingskrag om die plek voor te stel soos dit twee eeue gelede was,
want die meedoënlose hand van vooruitgang spaar nie die oudhede nie" (p.
141). Dat die koms van die Hugenote was "die stigting van die Afrikaanse
volk" (p. 127), is 'n onjuiste bewering. Verrassend is die meedeling,
dat die sewentiende eeu veral die eeu was "waarin die hele wêreld sy eie
sienswyse wou handhaaf ten spyte van Kristelike liefde, van reg--ja, ten
spyte van die Almagtige" (p. 147). Ook die volgende slaan ons heeltemal
dronk: "As ons die Amerikaanse volk beskou ... dan vind ons oral 'n diep
bewussyn van die majesteit van die Allerhoogste" (p. 127). Sulke
bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n primitiewe historiese insig
het.
Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. "So 'n
man was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak
sy lewensgeskiedenis was" (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan
pas hy die welbekende _sluier-taktiek_ toe! "Wel, leser, ons sal die
twee vanaand nie verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens
wat te heilig is om aan vreemde oë te ontbloot" (p. 30).[318] Gedurig
dring die skrywer homself op die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n
teologiese student en gebruik selfs die dialoog vir sedekundige
verhandelinge.[319] Die twee "ou seerobbe", wat op p. 160 begin te
praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou die sewejarige
Marie van Henri se storie (p. 15-20) verstaan het?
Die verhaal is van die _Johannes van Wyk_-soort--'n aaneenstrengeling
van awonture--soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheld, wat
wondere verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat
sidder. Die skurk is "nie geheel sleg nie--geen mens is" (p. 99).[320]
Tog kom daar van die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van
liefde is vir Du Biel eenvoudig. "Daar is diepe agting in haar hart vir
haar vriend--'n agting wat besig is om in liefde te verander: _die
enigste weg_ waarlangs 'n edele liefde kan ontstaan"! (p. 53)[321] Die
ingewikkeldste psigologiese prosesse word ons in een sinnetjie
meegedeel. "In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n man geword" (p.
38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus nie bestaan nie,
skyn hy aan heeltemal goeies tog te geloof, want Van Bergen is stroperig
braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok het nie.
Potsierlik is veral die toneel met Juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.)
Die Misdade van die Vaders.
Veel beter geslaag is _Die Misdade van die Vaders_. Hier is die skrywer
op meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die
Voortrekker-periode. Jan Alpenveld, 'n misdadiger besluit om aan die
Kaap 'n fatsoenlike lewe te begin. Met sy hoflike maniere verower hy die
hart van Annie Bester, 'n eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van
Petrus Liebenberg, wat verloof was aan sy seun Tjaart. As Oom Petrus
beswaar maak teen die huwelik, vlug Annie met Jan Kaap toe. Annie is die
dogter van "'n roekelose kêrel en 'n hopelose dronkaard" (p. 11 2^de
druk). "Die Heilige Skrif is vir (Liebenberg) 'n lewendige wet en hy
trag om dit letterlik te volg". Na Annie se vlug sny hy haar naam uit
die famielie-register voor in die Bybel en lees daaruit die vervloeking
plegtig voor: "Die de misdaad der vaderen bezoek aan de kinderen, aan
het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij haten." Jan Alpenveld
raak na enige tyd in die hande van die gereg maar tussen sy seun,
Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie ontstaan weer 'n liefdesbetrekking,
wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek alleen na die
woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot dienste aan die
Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg met die
Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die van
die liefde is.
Twee motiewe uit _Getrou_ word nog 'n keer gebruik. Soos Annette in
haar eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi
praatjies van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner
lewe in Kaapstad en die vername houding van "Graaf Alpenveld". Van
Bergen bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend
word, Alpenveld net so. Die geheimsinnige "Verdwynende Boerewag" is 'n
knap verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van
gifbrakende monsters veg hy teen leeus; die skone dame word nie uit 'n
onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut
van 'n Kafferkaptein.
Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjies; die vrymaking van
die slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse
van die Engelse sendelinge word bespreek, 'n Poging word gedoen om dit
alles binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings
is kort. "Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel ... en dit is
ook geskiedenis." (p. 124). Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal
tog nie daarin slaag om ons in die volle werklikheid van die
Voortrekkertydperk te plaas nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van sy
gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou gedurig 'n praatjie met die
leser, gee beskouings oor die gedrag van die karakters, las sedekundige
prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop oor drie geslagte, maar
daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al die bewoners van Uitkyk.
Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag geteken word. Selfs waar
dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o.a. met Lenie, kry ons selde die
indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen het. Lenie word ons op
p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker, dat haar vader die
"kundigheid"(!) waardeer, ofskoon ons van die waardering nooit iets merk
nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer aan Lenie se digterskap
herinner en 'n gediggie "wat sy in dié dae gemaak het" word meegedeel.
"In die dae" is net voor die Groot Trek, maar op p. 141 word ons
vertel--dis nou 'n goeie paar maande later--dat van dieselfde gedig, wat
ons al klaar gelees het nog net "enkele reëls" geskryf is! Deur sulke
onhandige sette[322] is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde
persone altyd sien Meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter
Theal, Cory en ander historisie!
"In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel
in al sy naaktheid...." (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie,
wat so dikwels in _Getrou_ voorkom.[323] Van wat in die siel van
Nikolaas en Lenie omgaan na die indrukwekkende vervloeking deur Oom
Tjaart hoor ons weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas
"lyk jare ouer: die gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in
plaas daarvan staat erns geskrywe" (p. 98).--"Arme Lenie! Sy is nou maar
slegs die gees van wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik
op haar gesig is onvergeetlik" (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel
beter in om ons te laat voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas
tevergeefs stry. Die vloek wat op hom rus deur sy geboorte kan selfs
deur sy dapperste dade nie weggeneem word nie. "Die misdade van sy
vaders" maak 'n volkome rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en
dat hy sy lewe opoffer vir dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit
hul gemeenskap stoot is 'n treffende kliemaks van 'n eg-menslike drama.
Met sy dood is die drama uit, en die slothoofstuk verswak alleen die
indruk.[324] Lenie behoort aan niemand anders as aan die gevalle held
nie.
Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word _Die Misdade van die
Vaders_ iets meer dan 'n gewone awonture-verhaaltjie. Die moralisasies,
wat 'n groot gedeelte van die roman inneem is van dieselfde gehalte as
in _Getrou_. Daar is geen sprake van mooiheid van segging of
oorspronklikheid nie. "Hoe wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik;
niks bly vir een enkele uur geheel dieselfde nie." (p. 124.) Van sulke
afgesaagde bewerings krioel die boek. Of anders kry ons twyfelagtige
stellings soos die volgende: "Dit is een van die wonders van die
skepping dat dit in die mag van die mens is om te word wat hy verkies"
(p. 50).
"Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en eenvoud",
verklaar Prof. J.J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit
seker, maar dit mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het
nie. Daar is niks persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer
deur fynheid van segging of klank, nie. Dikwels stuit ons op 'n
eentonige "hul-lerigheid" "_Hul_ wou blomme pluk. Plotseling het _hul_
'n aantal Kaffers na _hul_ sien aankom, en _hul_ het begin hardloop.
_Hul_ het gou gesien dat _hul_ nie sou voorbly nie, en het na 'n dik
plek bosse weggedraai, waar _hul_ gedink het dat _hul_ miskien kon
wegkruip. _Hul_ het die bosse gehaal; maar _hul_ was doodmoeg, en die
Kaffers was kort agter _hul_. _Hul_ moed was al byna op, toe _hul_ by 'n
erdvarkgat kom." (p. 187.)
In die taal is daar 'n paar anglisismes, onder meer die volgende:
"watter goeie doeleinde kan dit dien (p. 98); ontdoen" (p. 132, 228). In
_Getrou_: "En die dogter, is sy _skoon?_ (Hollandisme).--O ja, sy is
gangbaar (p. 39); sy is in geen haas om terug te gaan nie (p. 92);
vroulike vorms" (p. 48). Die gebruik van _beken_ en _erken_ (p. 65, 71),
gelaster (p. 86)[325] is verkeerd.
§ 16. Mevrou M. Jansen-Pellissier.
Martha M. Pellissier is gebore op Bethulie. Haar grootvader was 'n
Franse sendeling. Aan die Hugenote-Kollege het sy in 1909 die B.A. graad
behaal, daarna onderwys gegee in Pieter-Maritzburg en in 1912 in die
huwelik getree met Advokaat E.G. Jansen L.V. Vir jare al is sy een van
die stuwende kragte van die Afrikaanse saak in Natal. Vir verskillende
vereniginge het sy ge-ywer en onder haar leiding het die Saamwerk-Unie
die eerste openbare eksamens in Afrikaans gehou. In verband met die
eksamens het sy haar ook toegelê op taalstudie en met medewerking van
C.M. Booysen 'n Afrikaanse grammatika geskryf. Haar _Brandwag_-verhale
is in 1919 gebundel onder die tietel _Die Veldblommetjie en andere
Verhale_. Verder het sy nog geskryf _Afrikaner Harte_, 'n toneelstuk.
* * * * *
Die meeste verhale in _Die Veldblommetjie_ het 'n duidelike strekking.
Dit is veral pedagogiese en seksuele vraagstukke, wat behandel word.
"Die skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n
bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het" sê Dr. W.M.R. Malherbe in sy
voorwoord. Daar is eintlik drie "veldblommetjies". Een volbring haar
kinderplig ten spyte van die ontevredenheid van haar verloofde, die
ander twee word verlei deur die skynskoon van die wêreld. _Waarom die
Agteruitgang?_ is geskryf "uit oortuiging dat die agteruitgang van ons
mense op godsdienstig gebied grotendeels toe te skrywe is aan die feit
dat Afrikaans nie van die kansel gebruik word nie ..." (p. 47).
Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word
op so 'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of
direkte les kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy
die situasie gewoonlik en eindig met 'n melodramatiese slot, wat soms
nogal onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te
lê op die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek[326] en
beskouings oor die gedrag van die karakters ingevleg.[327]
As gevolg van dié werkwyse het _Die Veldblommetjie_ 'n bydrae op
nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat,
en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kultuur. Uit 'n
letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n
tendens afgekeur word. Die vernaamste fout is "that the moral suggests
the tale far more frequently than the tale suggests the moral"[328].
"Zoodra je de bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de
menschen onder den invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders
niet zouden hebben, moet je het leven een beetje verwringen, datgene er
uitkiezen, waardoor die ideeën worden opgewekt, en zoodoende een
eenigszins valsch beeld geven van het leven."[329] Dit is 'n gevaar
waaraan die skryfster in haar ywer om ons oor te haal tot haar
opvattings nie ontsnap nie, maar dit geld meer die bou en opset van die
verhale, want in die uitwerking van details word ons dikwels getref deur
raak tekening van die lewe op plaas en dorp. Natuurlik kan tendensieuse
werk ook goeie kuns wees. Volgens Frederik van Eeden is die verskil
tussen goeie en verkeerde tendens-literatuur dit: "dat de kunstenaar,
die een zuiver kunstwerk maakt, daarbij wordt bewogen door de schoonheid
van zijn idealen, ook al zijn dit ethische idealen. De mensch, die
onzuiver werk maakt, denkt om den invloed, dien hij op anderen zal
hebben, tracht zijn lezers over te halen tot zijn overtuiging. Dit nu
kan een echt kunstenaar als zoodanig niets schelen. Die let alleen op de
schoonheid van hetgeen hij voor zich ziet. Let u op een van de
hoofdwerken van Shelley, dan voelt u, dat hij in grenzelooze bewondering
is voor hoog-menschelijke eigenschappen. Maar u merkt niet in hem de
kleinste poging om iemand te bekeeren tot zijn opvattingen. Als die
bekeering komt, dan moet ze komen door de schoonheid van wat hij te
aanschouwen geeft."[330]
Bedenklik lyk my die houding, wat Professor Jan F.E. Celliers in sy
voorwoord by die sketse _Uit die Lewe_ van Gawie J. Otto aanneem teenoor
strekkings-literatuur. "Die meeste sketse laat hy heeltemal vir hulselwe
spreek. Dog as egte Afrikaner, wat voel vir sy volk, sien hy met
besorgdheid hoe gebruike en sede onder ons verander, en nie altyd in
voordelige sin nie. Daarom verwyl hy graag met liefde by herinneringe
uit die verlede ... en kan hy nie nalaat nie om nou en dan voor die
ligbeeld te tree wat hy op die doek gooi en 'n paar ernstige woordjies
met ons te praat.... So 'n opbouende strekking vra nie in die eerste
plaas of hierdie of daardie opvatting van kuns daarmee tevrede is nie;
en dit was maar altyd en oral die kenmerk van die letterkunde van 'n
jong volk, wat vir sy opbou waarskuwing en lering nodig het. Van die
ouere skrywers is daar menigeen wat ook, so tussenin, gemoedelik met ons
kan gesels." Die sedeprekery in ons letterkunde kan op dié wyse nie
geregverdig word nie. Aan 'n letterkunde wat in die begin van die
twintigste eeu pas ontluik, moet tog ander eise gestel word, dan aan die
van volke wat al vyf of ses eeue bestaan. Is daar dan miskien sedert die
tyd van Maerlant b.v. geen vooruitgang in kunsbegrip gewees nie? Moet
ons literatuur dan opgebou word op hopeloos verouderde beginsels? Die
Europese volke van vandag het seker nog net soveel "waarskuwing en
lering" nodig as in die tyd van Maerlant, en tog is daar geen enkele
kunstenaar, wat nou nog b.v. natuurlike historie op rym gee nie. As ons
skrywers voortgaan met die "gemoedelike geselsery" en sedeprekery, dan
kry ons 'n versameling van traktaatjies en geen letterkunde nie. Wanneer
iemand sketse _uit die lewe_ skryf, dan moet dit só lewend wees, dat die
skrywer nie nog met 'n stokkie by sy beeld hoef te staan en preek nie.
Teken hy die egte Boereseuns, dan sal ons vanself weet, dat hy nie die
"bioskoopaanbidders, sigaretteverslinders, ens." bedoel nie. (p. 16.)
"Al wat werkelijk schoon is geeft een zekere veredeling en heeft
daardoor ook overeenkomst met godsdienstige dingen. Als iemand die goed
begrijpt en als iemand een stuk kunst goed begrijpt, dan wordt hij
daardoor tot nadenken gebracht en dan wordt hij er ook beter door. Het
zal ethisch werken, zooals ook de muziek ethisch werkt ..."[331] Op dié
wyse werk die kuns mee tot die opheffing van 'n nasie. Die dae van Vader
Cats is verby. Ons het tot die oortuiging gekom, dat "juist het
aller-subliemste in den mensch, het edelste, door iemand die er
didaktisch naar zou streven niet kan worden bereikt ... Zoodra je
didaktisch te werk gaat, moet je de menschen al redeneerend er toe
brengen goed te zijn. Maar wanneer je de menschen kunt ontroeren door
schoonheid, dan worden zij vanzelf goed."[332]
Enkele verhale in _Die Veldblommetjie_ is sonder strekking. _Ons
Heldinne_ beskryf die tyding van vlugtende vroue gedurende die
Anglo-Boere-oorlog; _Andries_ is 'n grapperige vertelling van die
makmaak van 'n kwaai vrou en _Die Storie van 'n Lam_ 'n goeie
kinderverhaal.
Die skryfster het 'n aangename verteltoon, wat alleen in _Liefdeswee_
spore van retoriek vertoon. Hier hoor ons o.a. van _hartsnare_ (p. 177)
en dat "die tand van twee lange jare byt" (p. 183). Ook die beeldspraak
word troebel: "In sy donkere kykers, skuil daar nou weemoedige skaduwees
wat die weerkaatsing is van die soet-suur liefdesbrand in die hart" (p.
174). Die styl is egter deurgaans helder en natuurlik. In _Liefdeswee_
is daar 'n paar mooi brokkies natuurbeskrywing. Enkele anglisismes kom
voor, o.a.: "Perderuiters ... dring hul 'n weg deur die skaar (p. 24);
ek gaan vir 'n wandeling (p. 42); Tante ... haas na die kombuis (p. 88);
klok-gesig (p. 111); die kinders neem daar 'n pret in" (p. 142).
Foutief is: "eikeboom, _wie se_ spreiende takke (p. 154, 171) en
_gesuiwer_ (p. 115). Die dubbele negatief ontbreek ook soms.
§ 17. J.H. Malan.
J.H. Malan is in 1874 op Groenberg, Wellington gebore. Sy eerste
onderwys het hy van C.P. Hoogenhout ontvang. Van 1894-1897 was hy
onderwyser in die Vrystaat. Daarna het hy verder gestudeer en tydens die
Anglo-Boere-oorlog Hollands gedoseer aan die Hoëre Skool op Seepunt. In
1904 begin hy sy joernalistieke loopbaan by die _Re-Echo_. Vervolgens
het hy gewerk by _Het Zuid-Westen_ en _Het Westen_. In Potchefstroom was
hy ook redakteur van die tydskrif _Werda_, wat vir ongeveer 'n jaar
bestaan het. Op die oomblik is hy op die redaksie van _Die Volksblad_ in
Bloemfontein.
Na die drie-jarige oorlog het Malan sy historiese ondersoekings in die
argiewe begin en 'n versameling van Africana aangeleg. _Boer en Barbaar_
het in 1913 verskyn,[333] 'n toneelstuk _Na Olikheid kom Vrolikheid_ in
1917, en _Die Swerweling_ in 1921.
Tydens die veldtog van Dr. W.J. Viljoen ten gunste van die
Vereenvoudigde Spelling het Malan in _Ons Land_ vir Afrikaans gepleit
onder verskeie pseudonieme, soos _Cabo, Bonhomie_, ens. Op
joernalistieke gebied is hy as _Oom Fanie_ bekend. Hy het o.a. deur die
halfkroon-fonds £4000 vir Generaal De Wet se boete ingesamel. Vir sy
aandeel in _Die Dolosgooier_ van Joubert Reitz word na die bespreking
van dié boek verwys.
Die Swerweling.
_Die Swerweling_ is "'n verhaal uit die tyd van die Franse Hugenote in
Drakenstein". Lambert Lourier, wat in Frankryk baie Hugenote oor die
grense gebring het, word in Suid-Afrika "'n onverbeterlike makdroster,
swerweling en niksdoener" (p. 165). Hy is 'n sieltjie sonder sorg, wat
"geen staanplek in hierdie wêreld (wou) hê nie." (p. 40.) "Ek is wat ek
nog mag word. Ek glo aan geen instelling van die mens nie" (p. 47). Sy
vernaamste besigheid is dan ook rondkuier, jag en ipocras drink by die
landdros, Samuel de Meurs, wat ook vroeër Hugenote gehelp 't om te
ontvlug. Van dié vlugtelinge woon daar ook in Drakenstein, en in die
smidswinkel ontdek Danie Hugo, dat Lambert die melkjong van die Orleanse
klooster, en De Meurs die brandwag was, wat hom so fluks gehelp 't om
met die meisies Anne en Jeannette te ontsnap. Anne het die vrou geword
van Pierre Rousseau, maar Jeannette, Hugo se verloofde het aan die
ontberings op die vlug beswyk. Lambert toon 'n neiging om sy
swerwersbestaan op te gee as hy verliefd raak op Anna, die dogter van
Rousseau. Maar hy verspeel sy kanse, omdat sy Kaapstadse "pepermintjie"
Isabella so vrypostig met hom omgaan. Nadat Danie vir Anna uit die see
gered 't, kry sy die ou-jonkman lief, terwyl Lourier troos soek by
Isabella. Op voorspraak van sy vrinde, benoem die Goewerneur, Louis van
Assenburgh, Lourier tot onder-stuurman op die retoervloot en op die
Amsterdamse skeepstimmerwerf vergeet hy al sy swerwersideale en word 'n
rustige werksman.
_Die Swerweling_ is 'n historiese roman, die hoofdoel waarvan die
aanbrenging van geskiedkundige kennis is. Daar is tallose historiese
uitweidings o.a. oor die vervolging van die Hugenote in Frankryk, die
politiek van die Oos-Indiese Kompanjie, ens. Uit allerlei besonderhede
blyk ten duidelikste dat hier 'n historikus, wat jare lank met groot
toewyding in argiewe sy gegewens bymekaar gesnuffel het aan die woord
is. "Dit is 'n jammerte dat geen enkele brief uit die tyd bewaard gebly
is nie in sover dit die Kaapse Hugenote aangaan" (p. 17). Soms deel hy
sy kennis op betogende wyse mee, soos in hoofstuk V, of anders laat hy
iemand 'n opsetlike vraag stel. Anne wil weet, wat vir mense die
Dragonders is (p. 20); Anna vra: "Maar wat is nou eindelik (eintlik?)
die galeie? (p. 22); De Smit: "Maar Aploon, wat is nou eintlik die
Buddhisme? (p. 59); en op p. 105 vra Anna weer: "Maar wat doen die
Hugenote en die misdadigers dan nou eintlik op die galei?" En so is daar
meer voorbeelde, wat ons telkens laat voel, dat ons hier met geen
_mense_ te doen het nie, maar alleen met 'n skrywer, wat onder allerlei
vermomming sy byeengegaarde kennis aan die man wil bring.
"Koopmans heeft voor eenige jaren in _De Beweging_ (III jg.) den
historischen roman vergeleken bij die eigenaardige soort van publieke
vermakelijkheden, die zich toen nog wel als aanhangsel van
tentoonstellingen, onder den naam van Oud-Antwerpen, Oud-Dordt,
Oud-Holland en wat niet al voordeden. Een oudheidkundige en een
architect zetten zich aan het werk; oude prenten worden geraadpleegd, en
oude kaartboeken en werken over meubel- en kostuumkunde opgeslagen en
daar verrijst na wat passen en meten, wat "woekeren met de ruimte" een
marktpleintje met een straatje en een grachtje, overschaduwd door
vierjarige iepen, alles opgebouwd uit pleister, paklinnen, riet en
bordpapier. Een vroegere keukenmeid komt er u misschien als
oud-Hollandsche kellnerin een potje peuzelaar uit Heineken's brouwerij
brengen. Ge krijgt een oogenblik een gezellige illusie, maar dat is het
frissche, rijke leven niet. Gij houdt ten slotte het besef, dat alles
maar komedie en aanstellerij is, midden in de moderne maatschappij.
Achter gindsche schutting, die het raadhuis voorstelt, snort de
electrische tram voorbij."[334]
Die vergelyking pas op _Die Swerweling_, want ten spyte van die
argaïstiese tintjie in die styl, ten spyte van al die moeite wat die
skrywer gedoen het om histories juis te wees in die skildering van die
omstandighede, gewoontes, huisraad en klere van die Kaapse Hugenote voel
ons direk, dat dit 'n bordpapiere wêreldjie is, wat ons die moderne
werklikheid nie laat vergeet nie. Die indruk word nog versterk deur die
gebruik van sulke outydse foefies soos die volgende: "Ons mag 'n
gedeelte van die gesprek by die voordeur afluister, solang die slaaf in
die kombuis aan slaap is ..." (p. 92); As 'n mens 'n dag na die gebeurde
in die vorige hoofstuk vermeld, en dit kort na sonsondergang, saggies by
die opestaande gang binnestap en by die deur links in die kamer kyk, sou
'n mens 'n meisie van omtrent 19 jaar oud voor 'n groot spieël het sien
staan." (p. 144.) So teken die moderne kunstenaar nie. Die laat ons geen
gesprekke by die voordeur afluister nie, maar plaas ons in die volle
realiteit, omdat hy met sy eie persoonlikheid die lewe van sy
uitgebeelde persone deurleef het. "Il faut que la réalité extérieure
entre en vous; =á nous en faire crier=, pour la bien reproduire", sê
Flaubert.
Mens is halfpad deur die boek voor jy weet wie Anna en Anne is en die
ongelukkige gelykluidendheid van die name gee aanleiding tot
kindergestamel. "Anna mag wel verliefd op Lourier wees of word, maar dit
sal ten minste nie met die toestemming van Anne wees nie, as Anne weet
dat hy van Anna meer as van 'n vriendin hou." (p. 83.) Anna openbaar in
haar liefde so 'n netjies-redenerende nugterheid, dat ons twyfel aan die
egtheid van haar gevoel. Dit geluk haar uitstekend om haar vader se raad
op te volg. Sy moet "met Lourier se innerlike karaktertrekke soveel
moontlik in aanraking ... kom ... met intoming van gevoelens, sodat daar
'n terugtrekking kan wees" (p. 127). As Lambert by haar aandring op 'n
beslissing, dan antwoord sy ewe verstandig: "Dit is ingewikkeld vir 'n
meisie van my jare en onbedrewenheid om alles so haarfyn oor my verlange
en my wense uit te pluis en te beslis." (p. 133.) Tog het sy hom werklik
lief, maar na die onthullings in die bootjie volg daar so 'n plotselinge
ommekeer in haar gevoelens, dat dit baie op geestelike akrobatiek gelyk.
Vóór die bootongeluk het sy vir Hugo "nie die minste ontferming of
vriendelike nagedagte nie" (p. 168), maar kort daarna "huil (sy) bitter
en lang in haar pynlike verlange na hom" (p. 175). Sy is ongetwyfeld 'n
"fatsoenlike dame", wat heel verstandig handel en weinig las het van 'n
impulsiewe Franse temperament, maar in so 'n koel-berekende "liefde",
waarby finansiële oorwegings 'n groot rol speel[335] is niks wat ons
deur skoonheid ontroer nie.
Dat Lourier "die onverbeterlike swerweling en niksdoener" so 'n rustige
ambagsman in Amsterdam word, waar hy "'n verantwoordelike en winsgewende
pos" beklee (p. 198) is ook in stryd met die gewone menslike geaardheid.
Hugo, "die verstandige, kalme figuur aan die Bergrivier" (p. 125) bly
ook meestal doodbedaard. Hy vind dit heeltemal billik, dat Anna "die man
se innerlike (moet) leer ken, wat verlang dat hy haar lewensgesel sal
wees" (p. 84). En as dit blyk dat sy verwagtings op 'n sandbank gebou
is, bring Pascal hom tot die heldhaftige besluit: "Hy sal losbly van
homself(?), om nie te verlang nie, dat sy vir hom liewer as vir 'n ander
sal hê en dit net omdat hy vir haar lief het" (p. 116). Van lange duur
is die filosofiese wysheid egter nie, want hy gaan slaap "met die
gedagte wat streef om die holligheid in die huis en haard tog eenmaal op
te vul met die geluk waarna hy in sy troostelose allenigheid smag" (p.
117). Dit kom my voor dat die neiging van die outeur om in die persoon
van Hugo die Hugenote te idealiseer hom hier parte speel. "Hy (behoor)
ook groot genoeg te wees om vir hom (aan 'n teleurstelling) te
onderwerp, soos hy met sy geloofsgenote gewoon was om te doen" (p. 116).
Maar van die grootheid merk ons nie veel nie, want as hy gaan slaap,
verlang hy al weer na Anna, doen hy dus presies, wat hy hom voorgeneem
't om nie te doen nie!
Die slemppartye van Lourier en De Meurs is miskien die besgeslaagde
toneeltjies in die boek. De Meurs met sy toegeknipte oog en knorrende
brak. Lambert in sy astrante vrindskaplikheid is goed geteken, terwyl
die dialoog meestal fris en lewendig is. Hoe styf en onnatuurlik word
dit egter op ander plekke! "Ja, as dit (die liefde) die diepte van die
ware moederliefde het en 'n vermeende liefde nie 'n bandelose drif is
nie wat te dikwels en helaas, al te gou tot 'n ontnugtering van die
werklikheid (?) kom." Sulke en nog swaarwigtiger betoë lewer Jacob de
Smit op p. 137. Hy praat van "'n nimmereindigende lewenswroeging",
terwyl ook Isabella so deftig soos 'n dominee redeneer: "Jy sien daar so
beteuterd en ontredderd na liggaam en siel uit, asof jou sterwensuur
naby is." De Smit vertel Lourier dat sy ouershuis "nou 'n droom, 'n
ysingwekkende, nimmereindigende herinnering (is). Terwille van (sy
moeder) het (hy) nog teen die verdrietelikhede van die lewe manhaftig en
hygend geworstel...." (p. 46). De Smit met sy triestige beskouings moet
dien as teëhanger van Lambert Lourier met sy lugtige swerwersnatuur.
Maar die hele selfmoordepisode behoort tot die swakste gedeeltes van die
boek. Malan verstaan nie die kuns om deur intuïtiewe deurdringende
details sy persone te laat leef nie en De Smit bly vir ons 'n skim. Sy
teatrale lamentasies mis alle egtheid en die tekening van sy geval is so
alledaags, dat dit by ons geen dieper gevoel opwek nie dan soortgelyke
berigte, wat ons af en toe terloops in 'n krant raaksien.
Die onverstaanbare praatjies van Aploon oor Boeddhisme lyk baie na
onhandige vertalings uit 'n handboek oor Oosterse wysbegeerte. Onder
ander sê hy: "Die mens het geen eie ek nie. Hy bestaan uit 'n
liggaamlike uiterlike gevoel, waarneming, begeerte en bewussyn wat hy
hom kan verbeel en as hy sterf, plof dit almal uiteen" (p. 59). Die
vertalings uit Pascal is ook nie almal gelukkig nie "Die teenwoordige
is nooit ons _end_ nie...." (p. 115). Die Franse teks lui: "Le présent
n'est jamais notre fin: le passé et le présent sont nos moyens; le
seul avenir est notre fin".[336] Dit lyk baie of 'n Engelse vertaling
Malan hier op 'n verkeerde spoor gebring 't, want uit die verband blyk
dit dat Pascal wou sê: Die teenwoordige is nooit ons _doel_ nie.
Onduidelik is ook Malan se vertaling van: "Si nous naissions
raissonnables et indifférents, et connaissant nous et les autres, nous
ne donnerions point cette inclination à notre volonté.[337] "As ons
onverskillig--oplettend...." ens. (p. 115).
Onverstaanbaarheid is 'n vaste kenmerk van Malan se styl. Telkens stuit
mens op sinne, wat jy drie of vier keer moet lees, voordat dit op 'n
manier duidelik word. Sy verwronge uitdrukkingswyse laat mens dink aan
'n swaargelaaide wa, wat kreun-kreun teen 'n knaende opdraand uitgesleep
word.
Die duisterheid word meestal veroorsaak deur 'n onbeholpe sinsbou en
woordskikking, of 'n verwarde gedagtegang. "'n Halwe of hele bottel wyn
by glasieswyse genuttig in 'n aand deur een persoon, is nie juis beskou
deur die fatsoenlikste in die land nie, dat 'n mens op 'n ongeoorloofde
wyse oor jou maat gaan." (p. 92); "Ek snap dit nie, maar ek glo dat 'n
Indiese bende ook in die rigting van die onsienlike en harmonie vir
hulle beweeg" (p. 122); "Daarmee is hulle die aand, byna histories vir
die famielie se geskiedenis uitmekaar" (p. 126); "Hugo redeneer, dat
hier daar nou 'n mooi geleentheid moontlik sal kom ..." (p. 101); "Die
okkultistiese wysbegeerte ... had 'n vèrreikende invloed op die
ongelukkige man, waaroor hy dae lang steeds gedroom en met sy eie
toestand vergelyk het." (p. 61); "In geen land is 'n somersnag
bekoorliker nie as in Suid-Afrika.[338] Die suidooste wind het af en toe
die dag gewaai en alhoewel dit in Olifantshoek byna pynlik was, die
alom-besielende stilheid in die natuur, kon die aanhoudende dreuning van
die "Sedoos" se geblaas ... nog duidelik gehoor word ..." (p. 132); "Vir
sy onderwyserskap wil hy verhoging van traktement hê, wat maar twee dae
in 'n week ... duur" (p. 12); "Dit was ons leiers se grootste fout
gemaak, dat hulle ..." (p. 19); "Vir haar skyn daar met 'n oormate van
poeier aan die gesig, voorligting oor betaamlikheid en stemmigheid
sonder suur en spraakloos te wees, ten minste ontbreek te hê" (p.
144-5).[339]
Naas meer sulke voorbeelde kom daar nog baie staaltjies van onbeholpe
styl en verkeerde woordgebruik voor, waarvan enkele voorbeelde ter
tiepering gegee word: "Die geplas van die strooidak neerstromende water"
(p. 15); "oorstelp" (p. 64); "En as hy met ander honde op straat brutaal
is, dan as hy aan die kortend kom, vlug hy tussen sy baas se bene, wat
sy Nimf ... dan met sy stok verdedig" (p. 69); "ontbreek" (p. 72); "Toe
hy sy hand bo sy oë hou, om die gedaante ... te ontsyfer" (p. 74);
"herinner" (p. 124); "onderhoud" (p. 135); "Hy het ... so skokkend
geskrik" (p. 149); "bevel" (p. 178).
Storende herhaling van dieselfde woord kom maar al te dikwels voor:
"Hy kan moontlik Hugo se sukses al onmoontlik gemaak het;
ongetwyfeld--sonder twyfel; belangstelling ... gestel het of stel" (p.
82-3); "weer ... weer ... weer" (p. 86, in een sin); so ook "buurman"
(p. 102); "Toe was sy ook etlike male voor die spieël en vol van mooie
bespiegelings oor haar indrukwekkende postuur ..." (p. 146); "almal
... almal; wispelturige; Daar was ten minste 'n kenlike gemoedsvrede
... in die kombuis van Pierre Rousseau kenbaar" (p. 9); ens.
Die beskrywing van die verjaardagfees op die kasteel in Hoofstuk XVII
mag in alle opsigte histories juis wees, maar met kuns het dit seker
niks te maak nie. "Eindelik tree die goewerneur, onder menigvuldige
buigings van die gaste ... binne. Daaronder word opgemerk, onder meer,
landdros de Meurs, lede van die Politieke Raad, ander vernaamste
ingesetene van die stad.... Isabella was in 'n platgeplooide swart
syrok, mevr. luitenant Rheede in 'n polonnaise-plooirok...." (p. 153-4).
So 'n verslag kan die jongste rapporteur van _Die Volksblad_ ook skrywe!
In wat blykbaar as 'n kunswerk bedoel is, behoort so iets, om die minste
te sê seker nie voor te kom nie.
Malan het 'n manier om met die grootste erns uit te wei oor alledaagse
onbelangrikheidjies. "Anne wat in die kombuis besig was om te stryk, het
binnegekom nadat Anna, haar dogter, vir haar van die gaste vertel het en
sy het hulle almal hartlik welkom geheet, nadat sy vir hulle gegroet
het" (p. 8). Nou weet ons dit tog sekuur: eers groet, dan welkom heet!
Maar, "intussen sal Anna voorbereidsels vir die ete maak" en "solang die
gaste en Pierre oor die rit, die weer en die boerdery praat is die tafel
gedek en verder alles in verband met die aandete in orde gebring. Toe
hulle almal aansit, was daar genoeg vir almal." Gelukkig vir die
huisvrou, maar hoe sy dit so sekuur kan weet by die begin van die
maaltyd al, is nie erg duidelik nie! Dan volg 'n uitweiding oor die
"Fransche brood". "Na die ete is die huisgodsdiens, wat deur Pierre
_gelei is, waargeneem_. Eers is 'n hoofstuk uit die Bybel uit
voorgelees, toe 'n psalmvers gesing, ens ..." Waarom moet sulke
welbekende sake so plegtig meegedeel word? Hier het Malan nou 'n mooi
geleentheid gehad, om deur enkele plastiese trekkies, deur die tekening
van 'n paar gebare of die aanduiding van 'n reeks klein handelinge sy
persone uit te beeld. Maar vir hom is dit, as historikus hoofsaak, dat
die leser moet weet van "die worsteling van die Camisarde, (wat) op die
punt is om onderdruk te word".
Na die huisgodsdiens gaan die gaste in die kombuis om die vuurherd sit.
Die poging om die nuwe atmosfeer aan te dui is nie erg gelukkig
nie--daar is storende herhalings en verwronge sinsbou--terwyl die
volgende sin seker uit 'n kinderboekie verdwaal het: "Anne vra vir Anna
om die tessie met die stoof asseblief te gaan haal; en nadat sy dit
gebring het, (gewigtige meedeling! P.C.S.) het sy vir haar moeder daar
kole met die tang ingedoen en dit het onder Anna se voete in die stoof
gekom"! (p. 9-10).
Gevoel vir die natuur het Malan wel, maar hy vergenoeg hom meestal met
konwensionele beeldspraak. Die bergpunte gooi hul "wit musse" ongeduldig
af (p. 5); "van die sonneskyf (spat) 'n see van gloeiende vonke (af)"
(p. 6); "Statig en deftig is die son reeds agter die westerkimme
weggestap in sy fonkelende mantel van goud en oranje en violet" (p.
199). Waag hy hom aan 'n nuwe beeld dan kry ons rariteite soos die
volgende. 'n Wyfie-kokkewiek antwoord haar maat "in 'n perfekte maat
..., met _halleluja's_" (p. 63), terwyl die lenteson elke jaar
"nimmerfeilend oor elke boom en blad na 'n gure winternood _halleluja's_
neergiet--helaas, helaas, ook as requiem vir die voorgeslag wat verby
is, wat leef, wat kom." (p. 80-1). Halleluja's as requiem! 'n
_Voor_geslag wat leef, wat kom! Dit staan daar!
In hoofstuk III moet 'n vergelyking van die voortreflikhede van
"eiland- en waterleipatats" ons in die stemming bring vir 'n lofrede op
die Bergrivier "die lewensaar en voeder van die allereerste wegbaners in
die nuwe vaderland" (p. 38). "Aan sy oewers is hy die een na die ander
geslag as 'n neulende _kindjie_ in die skommelende wieg, 'n
nooit-vergete troos." Maar in die volgende sin hoor ons: "By hulle moes
die Bergrivier se aansyn en waterrippeling die afspieëling van 'n
_moederportret_ gewees het ..." Dat "die puriteinse gedeelte van die
volk ... die rooivlag ... uitgehang het" teen die ou bruilofsliedjies is
'n anakronistiese beeld, wat 'n snaakse indruk maak in die
agtiende-eeuse sfeer. (p. 183.) In die "aambeeldklanke aan die oewers
van die Eersterivier" klink 'n harmoniese toon, maar waarom moet ons
driemaal hoor dat die water "haastig" is? (p. 81).
Stereotiepe uitdrukkings soos die volgende kom dikwels voor: "'n
Skynende lig in die ... dikste duisternis" (p. 108); Lourier bly "as 'n
soutpilaar staan" (p. 86), en voel "asof hy langsamerhand in 'n see van
wanhoop wegsink" (p. 162); ens. Naas retoriese uitdrukkings soos: "Sy
kreun van sielswroegende spyt" (p. 173) ook die mees alledaagse
beleefdheidsfrases: "By die geleentheid het hulle vir hom met die
innigste hartlikheid vir sy heldhaftige daad bedank en Hugo het dit met
die minlikste bereidwilligheid aanvaar" (p. 176). En hoeveel "sugte"
word daar nie "geslaak" nie! De Meurs "slaak die een na die ander
sielsverstorende sug" (p. 72); Anna "slaak ... 'n diep sug van troos en
verligting" (p. 174); ens.[340]
Onder die anglisismes kom voor: kyk (blik, en iemand besoek, p. 6, 13,
186, 62, 76); sieniek (sienikus, p. 84); "om daar ... so 'n ekshibiesie
van hom te maak" (p. 162); afgetrek (p. 183). Malan gebruik dikwels
Hollandse woorde en wendings: tors (p. 27); desulke (p. 32); verhole (p.
44); ens. Die volgende voorsetsels is foutief: "Uit die gang uit gaan 'n
mens _by_ 'n rei[341] trappe op na bo" (p. 24); "student _in_ 'n
Neerlandse Uni(w)ersiteit" (p. 48); "die kroon was ... _deur_
mak-roosmaryn ... versier" (p. 183); "sakdoeke _aan_ die vertrekkende
gewaai" (p. 189); "As amptenaar van die O.I.K. het hy ... _by_ hom die
stempel van Batavia gedra" (p. 66). Uit 'n taalkundige oogpunt sou daar
nog heelwat op Malan se sinsbou aan te merk wees. Onder ander is sy
gebruik van die dubbele ontkenning, van _het_ en _hê_ dikwels foutief.
§ 18. Ds. J.H. Kruger.
Ds. J.H. Kruger is in 1878 gebore op Venterstad, K.P. Aan die
Teologiese Skool, Burgersdorp het hy gestudeer en daarna enige tyd
onderwys gegee. Sy teologiese studie is in 1899 deur die oorlog
onderbreek. Met die hulp van vriende het hy deur Grootrivier gevlug en
as rebel by die kommando's aangesluit. Na herstelling van 'n wond by
Spioenkop, Natal opgedoen, het hy by Generaal De Wet aangesluit, maar in
die verwarring by die slag van Sandrivier is hy gevang en moes twee jaar
as balling in Ceylon deurbring. In 1906 het hy in Potchefstroom
proponentseksamen gedoen. Sy eerste standplaas was Elliot en van 1911 af
Postmasburg. In 1921 het van hom verskyn 'n roman, _Twee Rampe en Twee
Gelukke_, waaraan in die prysvraag van die firma J.H. de Bussy die
twede, prys toegeken is.
Twee Rampe en Twee Gelukke.
Bram, die eienaar van die plaas Leeukop het agteruit geboer en was
verplig om geld op te neem by sy buurvrou, ou tant Anna Smal, wat van sy
verleentheid wil gebruik maak om haar buffelagtige seun Hans met sy
fynopgevoede dogter Isabella te laat trou. Met skinderpraatjies steek
tant Anna vir Bram op teen die Breed-famielie, sy beste vrinde, wat op
die aangrensende plaas Oupos woon. Isabella het vir Piet Breed lief,
maar haar vader se afhanklike posiesie verplig haar om met Hans uit te
gaan, wat haar na 'n dansparty sleep. Tant Anna en Bram jaag die Breeds
van hulle huurplaas weg, maar Bram se gewete plaag hom so, dat hy sy
dogter en die Breeds kort voor sy dood om vergewing vra. Hans word in
die pad gesteek deur Bram se weduwee en as tant Anna die geld opsê, word
Piet Breed deur die vrygewigheid van Oom Segrys Boshof in staat gestel
om Leeukop te koop.
* * * * *
Die roman is hoofsaaklik in dialoogvorm geskryf. Die gesprekke word baie
breedvoerig weergegee, en as gevolg kry die verhaal hier en daar 'n
slepende gang. Heel weinig word aan die fantasie van die leser
oorgelaat. Daar is soms 'n neiging om alles tot op die been af te kluif.
Groetery, koffiedrinkery en soortgelyke dinge word oor en oor vertel.
Die skikkinge vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en ou
Jefta se relaas (p. 37-40) kon heelwat korter gewees 't.
Die dialoog tref deur 'n besonder losse natuurlikheid. Die mense praat
geen kunstig inmekaar gesette vernufstaaltjie nie, maar hul gesprekke
word gekenmerk deur die sig-sag gang, die toevallig gebrokene van die
geselstaal.[342]
Maar, "gesprekjes weergeven is geen dialoog, hoe letterlijk de
weergegeven woordjes en zinnetjes ook zijn.... De hooge en werkelijk
groote dialoog ontstaat pas in de door de ziel van den kunstenaar
herschapen taal-levingen. Dialoog krijgt alleen dan diepte, als hy
geheel op hetzelfde geïndividualiseerde plan staat van de waarde der
menschen en omgeving. Dialoog scheppen is even moeilijk als tragiek
scheppen, of liever moet zich geheel scheppend oplossen in de gansche
uiting. Evenmin als 'n _fotografische_ opname eener omgeving, die alleen
door de ziel van een kunstenaar er in te brengen stemming kan weergeven
_van_ die omgeving, evenmin kan een _fonografische_ op- en overname van
een gesprek de stemming weergeven van de ziel der wezens die spreken.
Dialoog is stemmingskunst in de hoogste volmaking en 'n innig-levende
dialoog kan nooit 'n klankweergeving zijn van _afgeluisterde_
zinnetjes."[343] Fonografies korrekte sinnetjies is seker volop in die
roman, maar in die pratery van ou tant Anna bereik Kruger ongetwyfeld
iets van die hoë dialoog. En dat sy mense op natuurlike wyse gesels is
ook al iets om dankbaar voor te wees, aangesien so baie van ons skrywers
nog soos Bredero van Rodenburg sê "de Vrouwen, Dienst-meysjens, ja
Stalknechts doe(n) Philosopheren ... dat ick doch meer voor een bewijs
van uwe wetenschap acht, als voor een eygenschap in die slach van
Menschen."[344]
Kruger verstaan die kuns om uit die dialoog die innerlike wese van sy
mense te laat opduik en daardeur bereik hy meer dan baie ander skrywers
met analiese of beskrywing. Tant Anna het skaars haar mond oopgemaak of
ons ken haar al deur-en-deur in al haar skynheilige vroomheid. As
skinderbek veral is sy goed geteken. Op listig-diplomatieke wyse word
die driftige Bram eers opgestook, maar as hy te ver wil gaan in sy woede
laat sy hom bedaar met 'n bybelteks! (p. 66). Deur allerlei gelukkige
trekkies en haaltjies word sy so goed uitgebeeld, dat sy naderhand
lewendig voor ons staan met die vetswam onder haar kin, die vuil-gelige
tande, bleekrooi sakdoek en snuifdosie. Ook van Hans en Jan Booise kry
ons 'n realistiese portrettekening. Ou tant Anna se vroom uitvalle, haar
met bybeltekste deurspekte taal en haar manie om almal te dokter is goed
weergegee. So ook die buffelagtige lompheid van Hans. Maar die
kenmerkende eienskappe van moeder en seun word teen die end van die
verhaal só aangedik, dat die tekening karikatuuragtig word. Kruger moet
dit nie vergeet nie: "il n'y a point d'unité complète dans l'homme, et
presque jamais personne n'est tout à fait sincère ni tout à fait de
mauvaise foi."[345]
Tog is daar 'n paar mooi realistiese toneeltjies uit die lewe op
Tweefontein[346] en die manier waarop Hans van Leeukop verwilder word
(p. 202, vlg.) is 'n gelukkige vinding, wat van diep-psigologiese insig
getuig. Dit is ook waar van die uitbeelding van die oplopende Bram, wat
na die dansparty tot inkeer kom; die kwaai-koppige Oom Segrys, wat dit
nie kan kleinkry nie, dat dit na 'n dansparty altyd so mooi reent (p.
182); tant Martina, wat so trots is op haar "skoon geslagte" en die so
fyn kan uitrafel. Maar Piet bly 'n skim en die maklike manier, waarop hy
eienaar word van Leeukop gee hom die allures van 'n "romanheld". Dit is
die swak punt in die komposiesie van die boek. Oom Segrys se
buitengewone vrygewigheid word wel enigsins gemotiveer deur die feit,
dat die Breeds hom in die stormagtige nag gered 't, maar die oubaas, wat
so 'n swak het vir famielie-betrekkings het tog seker nog nader verwante
gehad, wat meer reg op sy geld het as Piet. Oom Segrys is eenvoudig die
_deus ex machina_, wat die ontknoping van die verhaal moet bewerk. Sulke
goedhartige ooms is maar bra skaars in die werklike lewe.
Die tekening van Isabella is ook net gedeeltelik geslaag. Haar
ervarings op die dansparty is meer die indrukte van 'n dood-onskuldige
teologiese student, wat vir die eerste maal iets van die sondige wêreld
sien en notiesies maak vir 'n retoriese preek teen wêreldsgesindheid.
"Will Bottel het op haar 'n treurige, sonde-vieslike[347] indruk gemaak"
(p. 151). Sy sien hom lê op die vloer "soos iemand in die poel van
rampsaligheid moet lê" (p. 172). "Dit was vir haar of sy in 'n onheilige
omgewing staan en 'n besoedelde atmosfeer inasem, 'n atmosfeer, waarin
verpestende sondekieme ronddrywe" (p. 152). "Die onreinheid en
onheiligheid het haar angstig gemaak, ontevrede, ongemaklik en
verwaarloos laat voel, net soos iemand, wat vuil was en lanklaas gewas
het"!! (p. 177). Sulke opmerkings bewys, dat hier die predikant baas
speel oor die outeur. Hy kon hom nie vereenselwig met die malkop-dansers
in hul "dolle gloria" nie, maar bly 'n onwillige _toeskouer_ van al die
sondige pret. Sy aanvoeling van Isabella se gewaarwordings is
grof-manlik en nie vroulik-subtiel nie. Maar as Isabella met Koos dans,
dan maak hy 'n raak opmerking: "Sy dans en voel, dat dit 'n genot moet
wees om te dans met 'n jonkman, wat sy sou bemin" (p. 163).
Oom Freek is geen figuur wat ons tref deur indiwiduële tekening nie. Sy
mymering op p. 10-11 sit te netjies inmekaar om eg te wees. Dieselfde
indruk maak ook p. 74, terwyl Hans onmoontlik ou Jefta se woorde so
presies in sy gedagte kan nasê (p. 78). Dat al drie reisigers dieselfde
indruk van die verlate Oupos kry (p. 138) is ook onmoontlik. Mooi word
egter die atmosfeer aangedui as Piet in die waanhuis die doodkis
toeskroef (p. 20) en treffend-eg is die uitbeelding van sy
grillerig-bange gevoelens. "Piet verbeel hom meteens, daar uit die
groot, wye spinnekop-nes kom 'n grillerige langbeen....; die verewa
agter in die waanhuis kyk hom aan met groot starende oë".[348] In die
damtoneeltjies is daar stukkies beskrywing van 'n suggestiewe
fynheid.[349]
In die verhalende gedeeltes is Kruger se styl soms so kort afgebyt, nes
een wat ver gehardloop het en nog uitasem sy storie vertel.[350] Eweas
in die dialoog kom hier ook 'n breedvoerigheid voor, wat af en toe
hinderlik word. "Die predikant staan op, maak keel skoon, haal sy bril
uit die skyf, vee dit af, hak hom met albei hande agter die ore vas, gee
'n versie op, lees 'n kapittel en begin toe, so effens oor die
brille[351] loerend." (p. 30.) So 'n eentonige reeks moment-opnames
steek lelik af by realistiese skilderytjies soos die volgende: "Ou tant
Anna lag met wyd oopgerekte mond, die vetswam onder haar ken uitdyend en
die gehemelterooi agter haar vuil-gelige tande wysend." (p. 65.) En wat
maak vlak-vaal sinne, waarvan die volgende maar een voorbeeld is in 'n
letterkundige werk? "Die meeste meisies was in die groot langwerpige
eetkamer, waarin, behalwe 'n eettafel en 'n paar ouderwetse swart
stinkhout stoele, niksnie besonders was nie." (p. 152.) Onbeholpe van
segging is o.a. die volgende: "'n groot mis_stof stof_wolk (p. 70); die
om sy lyf met 'n riem vasgegorde te wye ferweelsbroek (p. 86), Oom Freek
(vra) met bewende ken, waaraan die lang yl baard skud en vlammende oë"
(p. 87); die herhaling van _slaap_ op p. 181.
'n Voorbeeld van smaaklose klink-klank is die beskrywing van die wind op
p. 146. "Draaiende, swaaiende kom met die paaie aangewaai stowwe suile
(stofsuile?), wat soos geel krullende kuiwe opstuiwe. Die hollende,
jollende wind skop die stowwe bolle (stofbolle?) soos dwalende, malende
vuilkolle hoog in die lug in...." So rym en allitereer hy dapper voort
nes 'n poëtaster, wat sy eerste versfabriekie aanmekaar klink!
Ondertussen word die _stofsuile_ van _krullende kuiwe_ tot _stofbolle_
en die weer tot _vuilkolle!_ Komies is die klankeffek in die volgende:
"Die slappe wilkertakke ... skoppermaaie rusteloos, moedeloos, lindelam
heen en weer oor die dam"![352]
In sy beeldspraak is Kruger 'n enkele maal fris en oorspronklik. Ou
Jefta se hemp word deur die wind _bulsak_ geblaas tussen sy skouers (p.
147); Isabella sidder "soos 'n voëltjie vir 'n mamba-slang" (p. 153);
Jana lyk "soos 'n Bloemfonteinse straat, wat ... opgemaak (is) vir die
hertog van Connaught" (p. 149). Die gewone cliché-praatjies is egter ook
volop: Die lykpreek het "byna 'n eeu geduur" (p. 30); "Koud soos 'n stuk
ys, waaraan sy gloeiende hart raak ..." (p. 84); "Haar hart het ...
gebrand van verlange, maar sy moes daardie liefdekole in haar boesem
dra"! (p. 223). Arme meisie!
Storend is die gebruik van 'n driedubbele negatief en weglating van die
dubbele negatief. "Vir haar was daar _niksnie_ aangenamer _nie_ (p. 24)
nooitnie ... nie; ens. "G'n blaartjie het geroer" (p. 7); ens.
Ofskoon die gebruik van dialektiese vorme in die dialoog toelaatbaar is,
moet dit afgekeur word in die verhalende teks. Kruger gebruik o.a.
suffel, groos, espres, bebliek, ens. Wat hy o.a. met _preer_ (p. 204),
_effetroon_ (p. 62), _eenspaier_ (p. 141) bedoel is my onbekend.[353]
Verkeerd is: ongehawende stemme (p. 8), kostelike gordyne (p. 214),
terwyl _moedvallig_ 'n Krugerisme is.
Afsonderlik moet nog vermeld word, dat Kruger sy eie persoon nooit op
die voorgrond dring nie. Hy hou geen toesprake tot sy "geagte lesers" en
moraliseer nie oor sy karakters nie. Van 'n skrywer, wat in sy eerste
werk so 'n psigologiese indringingsvermoë openbaar en so realisties
teken, kan nog veel verwag word.
§ 19. Mej. Sadie Bosman.
_Langs Kronkelende Weë_ (1921). Dit is 'n verhaal van "hartverskeurende
afskeid", van eindelose gekreun en gesteun, van sugte en snikke! Dis nie
die gewoonte om statistiese tabelletjies in 'n letterkundige kritiek te
gebruik nie, maar in hierdie geval moet tog vermeld word, dat daar byna
_vyftig_ maal gesug word! Dan nog al die trane! Emmers vol! Soms kom al
om die ander bladsy byna die uitdrukkings "met 'n sug", "met betraande
oë" voor.[354] Met sulke en dergelike huilerige woordjies, met 'n
salwende tederheidsbetoon, 'n sieklik-verweekte gevoelerigheid probeer
die skryfster om ons te ontroer. Met sielsleë frases wil sy ons in 'n
droefnisstemming bring! "Duisenderlei bange vrese vervul steeds haar
treurende hart en die skoon oë was moeg van al die stil geween ... die
oë vol skaduwees (waaragter) 'n wêreld van wee verberg was" (p. 155).
"Maar vanaand moes die sterre hulle aangesig verberg vir die
hartverskeurende strome van mensebloed(!) wat orals vloei, en skyn die
hemelse vrede verder as ooit te wees van die oorlog-geteisterde aarde"
(p. 61). "Met gebukte hoof, verbleekte gesig, en dromende oë hervat sy
haar lewenstaak; maar die glimlag op haar lippe het vir altyd verdwyn,
(So, so! P.C.S.) en haar hart daarbinne was versteend" (p. 96). Nêrens
'n gevoelde woord, met pure aanstellerige bombas. Of anders 'n mislike
foefie om eie onmag te bedek. "Oor die bitter skeiding en
hartverskeurende vaarwel laat ons saggies 'n sluier neer" ens. (p. 47).
As Lear uiting gee aan sy droefheid oor die dood van Cordelia, dan sê hy
met 'n eenvoudige gebaar: "Pray you, undo this button. Thank you sir".
Só werk die beeldende kunstenaar.
Groot en egte lewensgevoel kan alleen geuit word deur groot
styleienskappe. Daar is duisende diep ontroerdes, by wie alleen
hakkelwoordjies of stomme gebare 'n aanduiding gee van die
lewenstragiek. Maar alleen die kunstenaar kan die donker dieptes vir ons
oopblits. Dit kan nie gedaan word met praatjies oor "snikkende geween"
en "gesmoorde smartelike kreune" nie. In Sadie Bosman se styl is daar
nooit 'n opglansing van oorspronklikheid nie. Dit is wat Querido noem 'n
"grijseffene breikousenstijl", waarin die dooiste gemeenplaatse met 'n
geroetineerde ratsheid afgerittel word. Nooit raak sy verleë oor 'n
woord nie, die naalde klik-klik met masjinale reëlmatigheid.
Tog het sy 'n stof behandel, wat by 'n waarlik voortreflike werker tot
'n geweldig aangrypende tragedie sou kon gegroei het. Hannes en Miemie
is verloof, maar deur die rebellie en die veldtog teen Duits Suid-Wes
(1914) ontstaan daar vyandskap tussen hul vaders. Hannes kom tot ander
insigte deur sy omswerwings in die Vrystaat en op die end van die
"kronkelende weë" kry hy tog vir Miemie. Geteken word dus die reaksie op
'n paar persone van die geweldige konflik, wat die Afrikanerdom in twee
partye verdeel 't en vandag nog soveel bitterheid veroorsaak. Maar die
twee vroue, deur wie Hannes tot _Nasionalis_ bekeer word is geen gewone
sterwelinge nie--hulle is engele! Veral Lida word ons voorgestel as "'n
vleklose engel" en selfs die dokter "'n bedaarde ou Engelsman" (p. 198)
verklaar, dat "vir so 'n engel ons besoedelde aarde 'n onwaardige
woonplek (is)" (p. 199). Maar ook Miemie is so 'n voorbeeldige
jongedogter, dat dit geen verbasing wek as ons hoor dat sy "engelagtig
lyk" nie (p. 16) en Hannes "met so 'n hemelse teder blik aan(sien)"[355]
(p. 44). Hannes is "'n treffende beeld van 'n flink jongeman, wat 'n
suiwer, eerbaar en opreg lewe lei" (p. 24). Sy enigste sonde is, dat hy
'n _Sap_ is, maar die stroopsoet seuntjie word deur die liewe engeltjies
so mooi reggehelp, dat hy ook volmaak word! Beskou ons nou die orige
figure van die limpatiese geselskap, dan blyk dit, dat Oom Gideon
ooreenkoms vertoon met die swaarmoedige grysaards uit _Vergeet nie_ en
_Teleurgestel_. Hoe dat Oom Koos nou eintlik tot berou kom, word nie
vertel nie. Die bedrywige Tant Lizzie, wat gelukkig geen tyd het om te
veel te sug nie is die bes geslaagde figuur. Waar daar geen geleentheid
vir sopperige sentimentaliteit is nie, blyk dit dat die skryfster 'n
goeie opmerkingsgawe het. Tant Lizzie is ten minste 'n menslike mens.
Tot watter onsinnigheid die sentimentele neiging aanleiding gee blyk
hieruit: Miemie het "'n ondeunde kuiltjie, wat elkemaal so skelmpies uit
die wange loer, en waarin die hart van Hannes lank reeds baie diep
ingetuimel het"! (p. 3). Sy gaan na die somerhuisie waar "die
roostakkies en kamperfoelie om die latwerk heen(slinger); daar steek sy
dikwels haar arms na hulle uit "om hulle aan haar bekommerde hart te
druk"! (p. 56). Stel mens jou die dinge nou nugter voor, dan is dit om
van te skater!
Die toneeltjie waarin die oue Basson, wat aan die maal geraak het oor
sy in die rebellie gevalle seun in die middel van die nag vir Hannes kom
vra: "Vir watter kant het jy gestem?" (p. 167) laat ons op plastiese
wyse voel, wat 'n lewenssaak die politiek vir ons mense is. Dit is
psigologie-in-aksie en heel wat anders dan 'n bewering soos die
volgende, wat ons op goed geloof moet aanneem, sonder dat ons daar iets
van gevoel het. "In die oorlogskool het (Hannes) geleer dat helde
gebore, en nie gemaak word nie, en dat die beesagtige in die mens soms
die redelose dier ver oortref" (p. 102).
Die politieke tendens en die feit dat daar resente gebeurtenisse van
nasionale belang in behandel word, gee die roman 'n aktuele kleur. Deur
die een party kan dit as 'n wapen in die politieke stryd beskou word,
maar van letterkundige belang is dit nie. Feitlik is dit dan ook slegs
'n vertaling, want die oorspronklike uitgawe van 1916 was in
Hoog-Hollands.
§ 20. G.J. Otto.
Gawie Joh. Otto is in 1880 gebore op Marico, Transvaal. Ottoshoop is na
sy vader genoem, wat onder die Republiek daar Mynkommissaris was. In
1896 het hy klerk geword in die Onderwys-Departement. Met drie wonde het
hy by die slag van Elandslaagte na awontuurlike ondervindings ontsnap en
deurgeveg tot 1901, toe hy gevang is en na Indië gestuur. Na die oorlog
was hy werksaam by C.N.O. skole. Hy het ook besonder aktief opgetree in
verskillende verenigings, asook op kerklike en politieke gebied. In _De
Volkstem_ het behalwe baie ander artiekels van hom 'n feuilleton, _Koen
Vermaak_ verskyn. Sy brosjure _Vreemde Stertvere_ (1910) is 'n
aansporing om ons taalregte prakties toe te pas. 'n Toneelstuk, _Josef_
het in _Die Brandwag_ verskyn, _Uit die Lewe_, 'n bundel sketse in 1921.
Sedert 1919 is hy Inspekteur van Blanke Arbeid vir die Vrystaat en o.a.
ook Sekretaris van die Raad van Advies vir Jongeliede.
Uit die Lewe.
Die skrywer vertel in 'n paar kort sketse hoe die Boereseuns in sy jong
dae skyfgeskiet, vis gevang en klippe gerol het. Hulle wys 'n Hollander,
wat sy Hoog-Hollands blykbaar eers in Afrika geleer 't, hoe om kalwers
te ry en met 'n nooi op te sit. Verder gee Otto 'n verslag van die
eerste twee maande van sy lewe en skets die ongerustheid van 'n paar arm
blankes wat ure lank op die Bloemfonteinse trein wag. Prof. Jan Celliers
het in sy voorwoord die bundeltjie goed gekarakteriseer: "Sonder te
danig hoë pretensies, wil (die skrywer) net die Afrikaanse lewe weergee,
en padlangs-eenvoudig met ons daaroor praat." Die klein stukkie lewe wat
hy teken, ken hy goed, maar hy is nie by magte om sy sintuiglike
waarnemings op te hef tot 'n hoër plan nie, omdat dit hom ontbreek aan
styl en uitbeeldingsvermoë. Dat 'n paar sketse 'n strekking het, is
alreeds opgemerk.[356]
§ 21. "Wolla".
Wolla vertel in _My Groot Dag_ (1921) die vakansie-awonture van Petrus
Breytenbach, onderwyser in Ermelo, van wie se Ford-outo 'n diamante-dief
met 'n mooi vroutjie behendig gebruik weet te maak. Die drietal word
deur speurders agtervolg en na allerlei wonderlike en soms erg
onwaarskynlike ondervindings gepak. Pietjie en Thea kom met die skrik
vry, maar Pietjie slaan 'n onnosele figuur as hy uitvind, dat hy in
plaas van 'n Duitse vliegenier 'n dief gehelp 't, en dat van sy mooi
plannetjies met Thea niks kan kom nie. Dit is 'n goed vertelde
amusements-verhaaltjie, net geskik vir spoorweg-lektuur. As die outo
verby Majoeba en ander slagvelde ry, dan vergeet Pietjie vir 'n ruk sy
"verhewe romantiese gedagtes" (p. 48) en verval in patriotiese
oorpeinsings. Af en toe laat Wolla ons effentjies glimlag, maar die
humor is soms plat by die grond, "'n Kêrel het eenmaal gesê, hy dink hy
kan gewoon word om te lewe op kasterolie, as hy net lank genoeg kan
aanhou daarmee. Ek glo dit goed." (p. 64.)
Wolla vertoon 'n bedenklike ratsheid in letterlike vertaling uit
Engels, soms van die _slang_ soort. "Om alles te kroon (p. 3 en 68);
Wel, van al die pedante snuiters ... vat die vent die koek (p. 127);
Wel, ek was al net siek van die plek (p. 93); Vir eenmaal het hy niks te
sê gehad nie.... (p. 123); Ermelo Hoger Skool" (p. 1); ens.
§ 22. "Slypsteen".
"Slypsteen" het blykbaar De Waal se romans goed bestudeer. Hy gebruik
motiewe uit _Johannes van Wyk_ en _Die Twede Grieta_, maar slaag daar
nie in om sy storie so oulik inmekaar te draai nie as De Waal. Hans is
die "karakterlose wreedaard" (p. 79) van die verhaal _Broerliefde_
(1921). Maar hoe volleerd in duiwelstreke ook, hy word uitoorlê deur
Gert, wat 'n plaas in die heilige-kalender verdien.'n Gesteelde kind
veroorsaak 'n verwikkeling, waardeur Gert byna met sy suster trou. Daar
is 'n oujonkman, wat sy bes doen om 'n paar grappies te maak, in sy
"mymering" 'n hele storie vertel en in sy moralisasie tot by Adam en Eva
verdwaal! (Hoofstuk IX). Twee opgeskote seuns wat stroebeling kry, laat
Slypsteen so praat: "Ek meen, dat as jy jou nie verbeter nie, 'n
treurige toekoms jou deel sal wees, en jy 'n armsalige uiteinde sal
hê."--"Jou kleine niksnuts!" skree Hans.... "Wag, wag, Hans," hervat
Gert, ... "Kyk, toe jy daar op Kransburg my oor 'n draai gegee het, toe
moes ek dit verdra, maar sinds daardie tyd het ek 'n bietjie groter
geword. Egter, waarom sal ons nes vuil skuim teen mekaar bruis. Daardeur
sal my karakter net besoedel word, en jy nog dieper in die modder sak as
waar jy al reeds sit" (p. 47). Mens sou sê die brawe Gertjie was al 'n
paar jaar op die Teologiese Kweekskool!
Op die heel laaste bladsy word in die gouigheid drie huwelike gesluit,
terwyl selfs die oujonkman nog verloof raak aan 'n ryk weduwee! Hans
trek na Rhodesië. Of hy daar nog altyd "helse planne" brou word nie
vermeld nie!
Slypsteen skryf 'n eentonige styl, waarin nooit iets persoonliks
opklink nie. Hoe weinig hy sy taal beheers blyk uit voorbeelde soos die
volgende: "geondersoek (p. 17); sobat (p. 109 en 116); speuljies (p.
109); poosjie (p. 85); op plig (p. 91) en die verkleinwoorde: soenjie,
swaweljie, ens.
VOETNOTAS:
[162] Hierdie feite is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[163] Vgl. _Die Burger_, 23 Sept. 1921.
[164] Eerste hoofstuk in _De Goede Hoop_, Jan. 1904.
[165] _Die Burger_, 12 Aug. 1921.
[166] Vgl. vir "voorbodes" van die Twede Beweging: E.C. Pienaar, _Taal
en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging_, 2de druk, p. 195.
[167] De Waal in _Die Burger_, Aug. 1921.
[168] Voorwoord Vyfde Druk, waaraan al die sitate ontleen is.
[169] J. Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Historische Roman in Nederland_,
p. 18.
[170] _Die Burger_, 12 Aug. 1921.
[171] Volgens Prinsen, t.a.p., p. 51 is die "romantische roes in Scott
gekristalliseerd. Van dit kristal is Van Lennep de grove namaak in
ordinair vensterglas." Na 'n vergelyking van die twee skrywers kom
Prinsen tot die gevolgtrekking, dat al oorspronklikheid van Van Lennep
is "een zekere Hollandsche, soms lamlendige, soms goedmoedige
breedsprakigheid en een evenzeer Hollandsche ordinaire neiging tot
laag-bij-de-grondsche moppigheid." p. 53.
[172] Louis Maigron, _Le roman historique_, gesiteer deur Prinsen,
t.a.p., p. 1.
[173] Prinsen t.a.p. p. 7.
[174] id. p., 25.
[175] id. p., 21.
[176] _Het Dagboek van Adam Tas_: Leo Fouché, Hoofdstuk II § 1-3.
[177] t.a.p., p. 362.
[178] _J. v. W._, p. 133.
[179] _Dagboek_ onder datum 2 Febr., p. 126. Vgl. ook p. 142 waar Tas
gewaarsku word: "ook zeijde hij mij dat ik op mijn hoede moeste
weesen...."
[180] _Dagboek_, p. 138 onder datum 18 Feb. 1706.
[181] t.a.p., p. 142.
[182] p. 150.
[183] _J. v. W._ p. 133.
[184] _Dagboek_, p. 90.
[185] _J. v. W._ p. 134.
[186] Eers op p. 232 verneem ons, dat Jan van Meerland op die see
gesterf het.
[187] Fouché, _Dagboek_, p. 236.
[188] _J. v. W._, p. 187.
[189] Fouché, p. 248.
[190] p. 242.
[191] t.a.p., p. XXVI.
[192] Twede Druk, 1921.
[193] Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Historische Roman_, p. 91.
[194] id.
[195] t.a.p., p. 104.
[196] _Taal en Letteren_, 1892.
[197] Vgl. hierby nog Prinsen: _Handboek tot de Nederl. Lett. Ges._ p.
613-614.
[198] J. Koopmans: _De Beweging_, 1913.
[199] _J. v. W._, p. 126.
[200] t.a.p., 164.
[201] t.a.p., p. 250.
[202] _Tw. Gr._, p. 160.
[203] t.a.p., p. 242.
[204] Vgl. p. 217.
[205] t.a.p., p. 261.
[206] p. 283.
[207] p. 295.
[208] Feitlik die enigste menslike gevoel, wat beide Gert en Phineas
besit, is liefde vir hul ... perde!
[209] _Nederlandsche Romancières van onzen Tijd_, p. 10.
[210] _Tw. Gr._, p. 305.
[211] t.a.p., p. 38.
[212] t.a.p., p. 306.
[213] _J. v. W._, p. 210.
[214] _Tw. Gr._, p. 331.
[215] _Taal en Letteren_, 1892.
[216] _Tw. Gr._, p. 225. _Dag_ op dieselfde pagina is seker 'n drukfout
vir _nag_.
[217] t.a.p., p. 233.
[218] t.a.p., p. 89.
[219] t.a.p., p. 313.
[220] t.a.p., p. 229.
[221] _Tw. Gr._, p. 349. Beter geslaag is die beskrywing van Johannes se
kamer, _J. v. W._, p. 163.
[222] Vgl. Rémy de Gourmont: _Esthétique de la langue française_.
[223] _Ferdinand Huyck_, p. 42.
[224] o.a. _Ferd. Huyck_, p. 91.
[225] Vgl. o.a. _J. v. W._, p. 101, 122, 201; _Tw. Gr._, p. 200, 357.
[226] Uit _J. v. W._
[227] Uit _Tw. Gr._
[228] _Dichtbloemen_, p. 150.
[229] _J. v. W._, p. 63 en 226.
[230] Vgl. hiermee _Tw. Gr._, p. 233-4 waar Krysie ook 'n kappie dra.
[231] t.a.p., p. 106. Uitgave Sijthoff.
[232] t.a.p., p. 44.
[233] Vgl. ook _J. v. W._, p. 174.
[234] J. Mathijs Acket: _Nieuwe Taalgids_, 15de jg., 6de afl., p. 275.
[235] _Tw. Gr._, p. 67.
[236] t.a.p., p. 295, 311.
[237] t.a.p., p. 14.
[238] Twede Druk, p. 153, noot.
[239] _Die Burger_, Aug. 1921.
[240] Vgl. ook Dr. Pienaar se dissertasie, p. 151-6 en Dr. Boshoff:
_Volk en taal van Suid-Afrika_, p. 407-424 waar die kwessie uitvoerig
bespreek word.
[241] Vgl. hiermee _J. v. W._, p. 210 "'n Vreesagtige hart sal nooit 'n
flinke vrou vang nie."
[242] Vgl. p. 62, 'n _verhewe_ betrekking in die diens van die Kompanie.
[243] Vgl _J. v. W._, p, 226 en _Tw. Gr._, p. 237.
[244] Vgl. _Tw. Gr._, p. 296.
[245] Vgl. ook _J. v. W._, p. 199 en _Tw. Gr._, p. 333.
[246] _Tw. Gr._, p. 309, 51, 80.
[247] t.a.p.. p. 159.
[248] _Die Burger_, Aug. 1921.
[249] _De Beweging_, 1913.
[250] Ook in Engels verskyn as _Dark Johannesburg_.
[251] Lewensskets ontleen aan _Prozabundel_ van Hoekstra en Viljoen.
[252] Die derde druk verskyn nou in afsonderlike afdelings.
[253] Vgl. Hoofstuk I, § 9.
[254] _Taal en Poësie^2_ ens., p. 58-64.
[255] Sien Hoofstuk X.
[256] Nuwe Deel I. Sitate uit die nuwe druk word afsonderlik vermeld.
[257] Vgl. die opmerkings oor 'n eenvoudige styl op p. 190-1. In _Die
Banier_, Julie 1921, staan ook 'n artiekel oor: _Lett. Styl._
[258] _Opvloog_ op p. 5 is seker 'n drukfout.
[259] O.a. p. 17. Vgl. _Ons Weg_: "elk 'n man", p. 136.
[260] Vgl. p. 46.
[261] _Taal en Poësie_ ens.^2, p. 329. In 1921 het nog van Malherbe
verskyn: _Die Timmerman_, 'n Verhaal in Verse en _Koringboere_ 'n
toneelstuk; in 1922: _Rivier en Veld_, 'n digbundel.
[262] _Die Brandwag_, Des. 1918.
[263] _Vergeet Nie_ (1920), p. 198. Ek kursiveer.
[264] t.a.p., p. 91. Ek kursiveer.
[265] Vgl. p. 15.
[266] p. 89. Ek kursiveer.
[267] Sy het nog wel 'n broer, "wat op die aangrensende aanleg woon",
maar van hom verneem ons net, heeltemal teen die end van die roman, dat
hy na Servaas se gevangeneming die plaasbelange behartig 't--'n rol wat
erg onwaarskynlik klink.
[268] p. 129.
[269] _Over Literatuur_, p. 110.
[270] p. 138.
[271] _Uitgebeiteld_ is minder gelukkig, want terwyl ons deur die woorde
om_woon_ en slapende die goliat-rotse as =lewende= monsters voel, laat
_uitgebeiteld_ weer aan 'n dooie materie dink. "De hoofdzakelijke
schoonheid van een "beeld" bestaat daarin, dat het de _verborgen
eenheidsessentie_ van twee verschillende of zelfs schijnbaar
tegenstrijdige begrippen, zaken of wezens aantoont. En hoe duideliker en
overtuigender ons die eenheid wordt aangetoond, hoe grooter onze
verrukking is." (M.H. v. Campen _Over Literatuur_, p. 138). Die
_verborgen eenheidsessentie_ wat Malherbe ons eers so goed laat voel,
verbreek hy deur een ongelukkige woord.
[272] p. 65.
[273] Die verkeerde gebruik van _bende_ is oor die hele land verbrei
deur 'n welbekende lied uit die _Hallelujah_-bundel, waarin van "'n
Daniëlsbende" sprake is! Ook Von Wielligh praat in _Eerste Skrywers_ (p.
138, by die portret) van "die klein _bende_ van die Genootskap van Regte
Afrikaners".
[274] 'n Germanisme.
[275] Vgl. nog p. 101, 158, 104; en p. 24, Piet met sy _onnoembaar_ soet
glimlag!
[276] Die Kommissie vir Taal en Lettere het gerappotteer: "'t Novelletje
... _Twee Susters_, hoewel taal, stijl en inhoud nog veel te wensen
overlaten, is nochtans van genoegzame historiese waarde en geeft blijk
van belofte voor de toekomst ..." _Akademie-Jaarboek_ V, p. 51.
[277] Meedelings van Oud-President F.W. Reitz.
[278] Meedeling van die heer J.H. Malan. Vgl. ook voorwoord van "Oom
Fanie". Sitate volgens die 1ste druk.
[279] Die biografiese feite is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[280] _Die Brandwag_, Des. 1918.
[281] _Die Brandwag_, Des. 1918.
[282] Brief van 6 Jan. 1922.
[283] D'Oliveira, _De Jongere Generatie_, p. 21.
[284] t.a.p., p. 70.
[285] t.a.p., p. 139.
[286] Querido: _Over Literatuur_, p. 43.
[287] p. 8. Twede druk. Ek kursiveer.
[288] Vgl. ook p. 206 en 222. In _Op Veld en Rande_ kry ons net eenmaal
'n toespraak tot die "geduldige leser" (p. 101).
[289] Vgl. p. 108.
[290] In _Die Burger, Nuwejaarsno._ 1922 en _Die Brandwag_, Des. 1921.
[291] _Die Burger, N.J. No._ p. 19.
[292] _Die Brandwag_, t.a.p., p. 172.
[293] Die lewensskets is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[294] O.a. p. 14-15, 17-18, ens.
[295] O.a. p. 7.
[296] W.L. Cross, _The Development of the English Novel_. (1920), p. 64.
[297] Vgl. ook p. 47: "goue velde met karmosyn geskilder".
[298] Lewensskets ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[299] Sonder jaartal. Die meeste verhale is in 1914 vir _Ons Moedertaal_
geskryf.
[300] _The Contemporary Short Story_, (p. 101).
[301] _Die Brandwag_, Des. 1919.
[302] _The Works of E.A. Poe_ I, p. XI (1866).
[303] t.a.p., p. XII.
[304] _The Supernatural in Modern English Fiction_, p. 59.
[305] Uit: _Lett. Leesboek_, Bot-Kritzinger.
[306] Alle sitate volgens 2de druk.
[307] Hy vergeet selfs die "groot hanglamp", want op p. 40 word die
huisgodsdiens by kêrslig gehou.
[308] So word die meeste saamgestelde woorde dwarsdeur sy werk geskryf.
[309] Vgl. hiermee: "'n wit seil bemaste Jonge Thomas", _Ou Malkop_, p.
168.
[310] Vgl. ook p. 100: "iedere stamp en skok, wat die wa gee is 'n
verwyderende skeur in droewige harte."
[311] Brief van 17 Jan. 1922.
[312] Vgl. b.v. p. 74.
[313] Meedeling van die outeur.
[314] Vgl. ook nog o.a. p. 29.
[315] O.a. p. 194 "Daar dit nie goeie maniere is om af te luister wat
sulke twee jonge mense ... praat nie, word die gesprek hier nie
meegedeel nie."
[316] Vgl. ook p. 238. "Die twee is getroud ..." ens.
[317] Oorspronklik as vervolgstorie in _Die Huisgenoot_ verskyn; in 1921
in _Die Burger-Leeskring_ uitgegee.
[318] Vgl. o.a. ook nog p. 210. "Ek laat dit aan die verbeeldingskrag
van die leser oor ..."!
[319] O.a. p. 184.
[320] Waarom is dit "die treurspel van mislukte lewens"?
[321] Ek kursiveer.
[322] Vgl. b.v. p. 41. "Albei sê baie wat nie juis vir ons van belang is
nie". Hoofstuk XIX staan op 'n verkeerde plek, en daarom moet die leser
uitgenodig word "om 'n weinig terug te gaan"!
[323] Vgl. ook die plotselinge omkeer by Oom Tjaart, p. 234.
[324] Die sgn. _proloog_ kan ook gerus weggelaat word.
[325] Ook _gespot in M. v.d. V._, p. 201.
[326] O.a. p. 61.
[327] O.a. p. 183.
[328] _The English Novel_: Walter Raleigh^5, p. 268.
[329] Willem Kloos in _De Mannen van '80 aan het Woord^3_: D'Oliveira p.
46.
[330] t.a.p., p. 76.
[331] Lodewijk van Deyssel. t.a.p., p. 32.
[332] Herman Robbers in _De Jongere Generatie_: D'Oliveira, p. 120.
[333] 2de druk 1918.
[334] Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Hist. Roman_, p. 71.
[335] Vgl. p. 127.
[336] _Pensées de Pascal_, par A. Gazier, p. 318.
[337] t.a.p., p. 158.
[338] Vgl. 'n dergelike naïewe opmerking op p. 178: "'n Boerenhave
(sic!) was daar nie in die ganse volksplanting nie ..."!
[339] Vgl. nog p. 80: "Die rus en kalmte ..." en p. 81: "Is dit nie
dieselfde streling ..."
[340] Vgl. o.a. nog p. 199, 29.
[341] Dwars deur die boek word dié woord en ook _uitwei_ verkeerd
gespel. Dimunitiewe op _-fie_ ook. Vgl. ook neer_vlei_ op p. 192, ra_t_
op p. 121. Die sinstorende drukfoute moet, soos die skrywer my meedeel,
gewyt word aan die besonder omstandighede, waaronder die boek gedruk is.
[342] Die ketting-sin op p. 67 lyk egter wel "ghevernuftizeert".
[343] Is. Querido: _Studiën_, p. 219.
[344] Voorrede: _Griane_.
[345] Benjamin Constant: _Adolphe_.
[346] O.a. p. 81.
[347] 'n Ongelukkige koppelwoord.
[348] Waarom die stuitende en onnodige herhaling van _spinnekop_?
[349] Vgl. p. 220 b.v.
[350] Vgl. b.v. p. 7.
[351] Verstaan: glase.
[352] Vgl. nog p. 171: berge--werwe--swerwe; p. 194 dwars bars.
[353] Duister is ook: "dat die ou jong simpatie ken", p. 188.
[354] Vgl. o.a. p. 184-204.
[355] Daar is ook 'n verpleegster, wat 'n _engellied_ sing, (p. 71).
[356] Op pag. 207.
HOOFSTUK VI.
Satieries-Humoristiese Prosa.
§ 1. Ds. Willem Postma. (1874-1920). (Dr. O'Kulis).
Ds. Willem Postma was 'n seun van Prof. Dirk Postma, die vader van die
Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Hy is in 1874 in Burgersdorp gebore,
waar hy hom vir die leraarsamp voorberei het onder Prof. Jan Lion
Cachet, (Ou Oom Jan). Op Bethulie, Bloemfontein en Reddersburg was hy
predikant. In die oorlogsjare (1899-1902) moes hy uitwyk na Middelburg,
K.P., omdat hy geen eed van trou wou aflê nie. Daar het hy die kos vir
sy gesin in 'n winkel en deur privaatlesse verdien.
Onder groot moeilikhede het hy die gemeente in Bloemfontein gestig. In
Mei 1905 het hy onder die skuilnaam _Jong Afrika_ in die Hollandse
_Friend_ begin te skryf oor die Afrikaanse taal, sonder dat hy iets van
Preller se stukke afgeweet het. As gevolg van die groot byval het Ds.
Postma toe gereeld bydraes onder die tietel _Oogdruppels_ gelewer. Toe
die setter verstaan, dat die ondertekening van die eerste stuk, nl.
_Okulis_, oogdokter beteken, het hy daarvan Dr. O'Kulis gemaak en so het
die naam gebly. "Deur dié stukke het hy hom as volksman geopenbaar, het
hy hom 'n weg gebaan na die hart van die Vrystaatse volk ...," verklaar
Totius.[357] In Bloemfontein was hy ook die stigter van wat tans bekend
is as die "Voorbereidende Tegniese Skool".
In die aangehaalde artiekel gee _Totius_ 'n paar persoonlike
herinneringe en sê o.a. dat hy "nie maar 'n merkwaardige figuur (was)
nie, maar 'n heldeverskyning". Van hom het verskyn: _Die
Eselskakebeen_,[358] _Doppers_ (1918) en _Die Boervrou_ (1919).
In _Die Brandwag_ (1912) het hy 'n teorie oor die ontstaan van Afrikaans
uitgewerk.[359] Sedert 1918 was hy lid van die Akademie. Van belang is
nog dat sy vriende huiwerig was oor die uitgawe van die _Eselskakebeen_.
In 1920 is hy oorlede.
Die Eselskakebeen.
In _Die Brandwag_[360] het die skrywer verklaar, dat die boek 'n
"suiwere outobiografie" is met uitsondering van die laaste hoofstuk.
Maar dit is veel meer; dit is ook die biografie van etlike Afrikaner
geslagte, wat nog vir 'n tiental jare na die Anglo-Boere-oorlog gekreun
het onder dieselfde treurige onderwysstelsel deur hom beskryf. Pas in
die laaste jare het daar verbetering gekom en in sommige dele van ons
land heers feitlik dieselfde misstande noù nog.
Eers beskryf Dr. O'Kulis sy geboorte, waarby Tant Antjie met haar
medisynetrommeltjies gehelp 't. Spoedig begint die taalmoeilikhede en in
'n donker onweersnag doen hy die ontdekking, dat ons liewe Heer ook
Afrikaans verstaan. Op skool is dit van die eerste dag af 'n gedurige
stryd teen die _step-by-step_-denasionalisering, wat die doel was van 'n
verpolitiekte stelsel, as so 'n onpedagogiese gedoente ten minste die
naam stelsel ooit verdien het. Mooi word die wisselwerking tussen die
skool- en huislike invloed beskryf. "Wel, die Boere het van al daardie
Royal Reader gedoente niks geglo nie as ek hulle bietjie wou vertel. Al
wat ek vir my moeite gekry het, was: "Jou Rooinek, glo jy al daardie
leuns?"[361] Langsamerhand groei die verset van die aanvanklik deur
skoolwysheid oorblufte seuntjie. Die omgang met Boerfamielies, wat
vashou aan die ou _Trap der Jeugd_ en die Bybel versterk die Boergees in
hom, totdat hy die geleerde weefsel van bedrog wegvee en met volle
selfkennis sy Engelse meester toevoeg: _Ek is 'n Boer_ (p. 44). Hy wil
nie langer "'n agterryer in sy eie land", 'n jingo of weeluis wees nie
(p. 42). Wanneer die seun 'n man word, maak hy 'n eselskakebeen
vogtig[362] met die trane van sy lang opgekropte spyt en dan dreun die
mokerslae op "die Filistyn in die Afrikaner". Dit word 'n geweldige
wapen in sy hand, waarmee hy seker meer as 'n "duisend man" verslaan
het! In die begin is daar 'n bietjie goedaardige skerts o.a. oor die
dominee se gesukkel met die Hollandse geslagte (p. 16), maar wanneer hy
die toestande op die Engelse skool beskryf, word die toon
kwaai-sarkasties en bitter. Die eensydige onderwys uit die _Royal
Reader_, oor _British en Cape History, Geography_, ens. word met
satieriese skerpsinnigheid aan die kaak gestel. Met 'n speelse vernuf
word die oorsprong van die Engelse nasie uitgepluis. "Daar is van die
geskiedskrywers, wat die oorsprong wil aflei uit die naam, nl. Angel
(Engel) en dan wil meen dat hulle van 'n Engele-geslag is. Of dit van
die gevalle engels is of van die ander is onmoontlik om uit te maak"! Op
aanskoulike wyse word aangetoon dat die geïmporteerde eksamenstelsel
geen rekening hou met die eise van ons samelewing nie. "Jannie het op
skool net 'n bietjie algemene kennis en die _School-Higher_-sertifikaat
opgetel. Vir die lewe moes hy daarna eers klaar maak." (p. 55.)
Selfs vandag het die boekie nog aktuele waarde, en dis 'n
kultuur-historiese dokument, wat selfs die verre nageslag nog met
belangstelling sal lees. Al sal dit hulle nie so heftig ontroer nie soos
ons, wat al die ervarings self ondervind het, tog moet dit altyd
treffend bly deur sy raak voorstelling en bytende spot. Daar is enkele
uitweidings, wat die eenheid van die strydskrif verstoor, 'n paar
anekdotes, wat die direktheid van die aanval verminder, maar omdat dit
iets is wat werklik "uit (die) hart opgeborrel het"[363] sal dit altyd
sy waarde behou.
§ 2. Reenen J. van Reenen.
Die Agterstevoortrekkers (1917).
Johan van Heemskerck het in sy _Batavische Arcadia_ (1637) 'n paar
Haagse here en dames 'n plesiertoggie laat doen met die doel om "onder
't soet van minnepraetjes al spelende (te) komen tot kennisse van de
vaderlandtsche gelegentheden, daer niemandt een vreemdelingh in behoort
te zijn." Van Reenen stuur 'n aantal Bloemfonteinse geleerdes en
kunstenaars met hul famielies op die ou voortrekkerpad "om te probeer of
daar nie, daar in die bosse en klowe, in die kranse of op die bulte nog
van die heldemoed van die ou voortrekkers te bespeur is nie, en of daar
op die wye ope veld nie 'n kans is om weer die helder eenvoudige
duidelike uitsig op die lewensprobleme op te vang en in (hul) daaglikse
omgang te gebruik nie" (p. 32). Die ooreenkoms is duidelik, ofskoon daar
seker van bewuste navolging geen sprake kan wees nie. By Van Reenen is
daar nie soveel "loofwerck van liefkooserijtjes", maar die minnende
paartjie ontbreek tog ook nie. Die poging om pastorale en didaktiese
motiewe te verenig is al merkbaar in die aangehaalde sin. Oom Jakob sê
ook nog: "Dis die doel van die uittog ... om 'n veldwasempie op te vang
uit die _Afrikaanse Son en Veld_" (p. 31). Nog duideliker straal die
pastorale motief uit die volgende deur: "Daar in Bloemfontein in 'n
atmosfeer van kunsmatigheid, val die klank (van die ossewa) weg, hier op
die veld, ver van die besmetlike invloed van groot stede, mag die plof
plof van die ossevoete nou en dan in die sand wegval, maar die skok van
die wiele bly." (p. 110). Die didaktiese motief blyk ook nog hieruit:
"Opgewonde gee ek antwoord dat dit 'n eerste klas plan was om die
sienswyse van die voortrekkers te verstaan, en hulle geskiedenis met
smaak te leer lees...." (p. 20). En die sewende trekreël lui: "Elke aand
sal een van die trekkers ... 'n lesing gee oor die een of ander in die
geskiedenis van die Voortrekkers" (p. 37).
Maar sterker nog dan die pastoraal-didaktiese motiewe van die verhaal
is die satieries-humoristiese element. Die meeste van die Bloemfonteinse
deskundiges verbeel hulle wat wonders. In die "afskeidsbrief" heet dit:
"Ons is beslote om ... ons diep kennis vir almal wyd en syd bekend te
maak" (p. 40). Die Professor wil drie waens vol boeke laai "om aan die
boere te verkoop"; Jan, die "goggadeskundige" wil die boere waarsku teen
skadelike insekte, en Antoon, die musikus hoop dat deur sy musiek "nuwe
ideale mag ingeboesem word in diegene wat binne die betowerde sirkel van
ons skitterende strale inkom." (p. 31.) Oom Jakob egter voel dat die
groot geleerdheid van sy maats eensydig is. "Op seker gebiede het ons
... vooruitgegaan, maar op ander ... is ons baie versleg" (p. 32). Hy is
dan ook gewillig om aan die voete van die plattelander te sit en lesse
van hom te leer. Ook Oom Kaas, die "diepgeleerde professor in
geskiedenis" voel, dat die hele spul dalk sal verkeerd loop, dat die
_Agterna_-trekkers bes moontlik _Agterstevoor_-trekkers sal word, en sy
voorspelling kom uit.
Die vernaamste, doel van die skrywer is om die verwaandheid van die
hooggeleerde akademiese here bespotlik voor te stel. Die heel eerste
voorval gee al dadelik die toon aan. Die osse trek afdraand net so swaar
as opdraand en terwyl hulle 'n geleerde dispuut hou oor dié
raaiselagtige omstandigheid, kom 'n onnosele konstabel die moeilikheid
oplos deur die styfaangedraaide briek los te draai! Dat klein Leon aan
die ossewabriek dieselfde funksie as aan die van 'n outo se slinger
toeskryf, is meer dan 'n gelukkige grappie; dit is meteens al 'n
simboliese voorstelling van die groot afstand tussen die voortrekker- en
die moderne beskawing.
Die trek is skaars aan die gang of die entomoloog vind uit, dat Oom
Gert iets oor goggas weet, wat hy nog nooit in sy diepsinnige handboeke
van gelees het nie, en met 'n ironiese laggie voeg die skrywer hom toe:
"Neef Jan, ek het gemeen jy gaan vir die boere leer, nie hulle vir jou
nie." (p. 54.) S.K., die professor in fiesika vind uit, dat al sy
gekompliseerde instrumente en spitsvondige berekeninge minder
vertroubaar is dan die kennis van die eerste die beste ou boertjie. En
dan is dit nog boonop klein Botterkoppie wat hom tot die erkentenis
bring! Op die tuinfees slaan almal behalwe Oom Jakob 'n gek figuur. Die
dorpelinge verskyn in trekkersdrag, maar die kastige trekkers in haastig
bymekaar geskraapte Europese spektakels! Alles doen hulle agterstevoor!
Die steekse motor van die dokter, wat deur die osse dorp toe moet
gesleep word is weer 'n ironiese beeld--die moderne vernuf afhanklik van
die ouderwetse trekkersmetode. Die professor kry in "'n hoekie van die
Vrystaat" 'n resep vir heuning-bier, wat hy tevergeefs in sy geleerde
foliante gesoek het, maar sy onbekendheid met die praktiese uitwerking
daarvan besorg hom 'n wetenskaplike hallusinasie, wat tot 'n algemene
bespotting aanleiding gee.
By die afgebrande huis loop die trekkers 'n gewone boer raak, met 'n
ontwikkelde kunsgevoel en so 'n fyn beskawing dat dit hulle bewondering
afdwing. Wanneer die trekkers by Kerkenberg kom, waar Piet Retief se
naam op die rots staan, word die toon van die verhaal ernstiger. Die
historiese gevoel ontwaak en Oom Kaas bevredig Emmie se weetgierigheid
deur allerlei besonderhede oor die Voortrekkers se ossewaens mee te
deel. Op die Natalse pad kom die piëteitsgevoel tot uiting in 'n
humoristiese regsaak tussen ossewa en outo. "Ek het die Afrikaner Nasie
gedra toe dit nog 'n suigeling was; en nou, op my ou dag, wil julle hê
dat ek moet pad gee vir 'n bog kind, so jong dat hy self erken dat hy
nog nie eers gebore is nie." "Grootgeraas" is 'n outo van "aanstaande
jaar se model" en "Die Dromedaris" weier om pad te gee vir so 'n
"aangewaaide, buitelandse ding--niemand weet eers wie sy ouers is nie!"
(p. 210.) Hier is die soort humor aanwesig, wat volgens Schopenhauer is
"der hinter den Scherz versteckter Ernst",[364] want uit so 'n toneel
spreek die wil van 'n volk om die erfenis van sy voorvaders te bewaar
"van vreemde smetten vrij".
Dirk vind nog 'n geleentheid om die "geleerde ape", S.K. en die
Goggadoktor droog te sit. Hy verydel die grootskeepse opgrawingsoperasies
van die twee deur die egte voortrekkervurk met sy pennemes uit te grawe,
terwyl 'n verroeste valse "versigtig in watte opgewoel" tereg kom in Jan
se trommel. Dis 'n laaste verbluffende kopskoot op die dorre
kamergeleerdes!
Die manier waarop die dansparty eindig is 'n bewys, dat die
agternatrekkers tog onder die besielende invloed van hul voorvaders
geraak het en hul onder al die malligheid goed ingeleef het in die gees
van dié grootse tydperk met sy skrynende wee. As die maan wegraak, en
die uile droewig skree, begint Antoon se viool "te huil soos 'n moeder
oor haar kind se lykie.... Soos diegene wat pas 'n dierbare vriend in sy
graf gelê het, uitmekaar gaan, so verdwyn nou stilletjies die gaste een
vir een" (p. 235). Om 'n toneel van sulke roerende stemming in al sy
innigheid uit te beeld--daarvoor was Van Reenen nie woordkunstenaar
genoeg nie. Die oorgang van uitgelate malligheid kom te plotseling. Dirk
se gulle lag oor sy welgeslaagde grap, sy "dis nou regtig 'n lekker bal"
klink nog in ons ore as ons by die "stille snikke van sterk mans" kom.
Maar ons voel tog iets van die stille plegtigheid van die oomblik en
enkele dowwe dreunings van 'n verre dodemars kom uit die verte
aansuis.... Verswak die skrywer nie die ernstige ondertoon van sy werk
deur na so 'n toneel weer met minnepraatjies aan te kom nie? En smoor hy
dit nie heeltemal deur die _ragtime_-klanke van die agterrede nie? Ek
meen van wel.
Magteloos, totaal magteloos staan Van Reenen as woordkunstenaar teenoor
die natuur. Die trekkers mag 'n "veldwasempie" opgevang 't--ons kry nie
eers die ruik daarvan nie! "My hand het net gejeuk vir 'n kwas en verf
om die pragtige kleure op doek of kaart te skilder, maar al had ek die
gehad sou dit my darem onmolik gewees het om uit te druk wat ek gevoel
het...." (p. 84). En met die pen kom hy ook nie verder as 'n gestamel
oor die _onbeskryflike kleure_ nie (p. 138). Dit is vir hom "'n soort
heligskennis om die wonderwerke van die Natuur te veel in hulle
teenwoordigheid te analiseer" (p. 152). Daarom moet ons tevrede wees met
die kennis, dat hy 'n lekker pypie daar op die Nek gerook 't, en dat hy
nooit moeg word van die Treurwilgers rondom die damme nie! (p. 85.)
Beskouings oor bou- en skilderkuns, meubilering en musiek word in die
verhaal ingevleg. "'n Mooi sandsteengebou gepleister met sement, soos
klipwerk nagemaak" word die aanleiding om teen na-apery van vreemde
kultuurvorme te waarsku (p. 86). Tussen die sekretaris en Antoon vind 'n
kunsdebat plaas (p. 138 vlg.). As Van Reenen egter meen dat die doel van
die kuns is om "die Natuur akkuraat ... weer (te) gee" (p. 141), dan is
hy nog op 'n dwaalpad.
Met die taal sukkel hy ook nog baie. Sy woordskikking en voorsetsels is
telkens verkeerd. "In Switserland[365], elke tien jaar voer hulle 'n
toneel op wat gebeurtenisse in die lewe van die Here Jesus voorstel....
(p. 121); om aan die datum van die almanak te kyk (p. 102); wat ek voor
strewe" (p. 141). Ook 'n hele paar anglisismes kom nog voor: "in herfs
(p. 19); Harrismith Distrik" (p. 154) ens. Gebrekkige taalgevoel blyk
o.a. uit die volgende: "Afrikaans het _haar_ swak punte (p. 119);
Basoetoeland wat _haar_ berge vir ons wys (p. 138); die woede eienaar"
(p. 42). Die juffrou M., op p. 153 moet blykbaar deurgaan vir 'n
Hollandse, maar "dat berg" het sy tog seker nooit gesê nie! Hoe weinig
"felicity in the flow of words" daar by Van Reenen is blyk uit
kreupelsinne soos die volgende: "Dan kom die sonsondergang en asof 'n
reuse skilder met 'n reuse rooi of rooskleur kwas die landskap skilder,
neem die blou berge 'n rooskleur skynsel aan. Dan word die kleur meer en
meer pers." (p. 138.) Ook die beeldspraak is weinig oorspronklik: "die
deken van die grappe (p. 137); 'n lugkombers" (p. 237). Beets is ook
versot op die banale deken- en mantelbeelde (vgl. XXI). Sou hy nou
werklik gemeen het, dat sy erbarmlike gerymel in dieselfde hoofstuk vir
poësie moet deurgaan?
Die dialoog word meestal gekenmerk deur 'n besonder losse natuurlikheid
en tallose lewendige toneeltjies getuig van groot plastiese talent.
Sommige daarvan is egter skadelik vir die eenheid van die werk en dit
geld ook van enkele langer vertellings, wat die aandag op storende wyse
van die hooftema aflei. Dit is o.a. die geval met hoofstuk XXIV, wat
"Herinneringe uit die Engelse oorlog" bevat. Daar is nog meer sulke
uitweidings, wat die verhaal soms na 'n versameling van los anekdotes
laat lyk.
§ 3. Adv. C.J. Langenhoven.
(Sagmoedige Neelsie).
Sonde met die Bure, (1921).
"Die ou wêreld is nou so treurig donker.... Om my dan self 'n bietjie op
te beur--en as ek dit kan regkry, menige ander arme drommel ook wat
altemit teen dieselfde versoeking moet stry om nie maar gedurig
miesrabel te voel nie ... (het) ek hierdie noukeurige en onverbloemde
verslaggie geskryf van 'n baie gelukkige vakansieplan...." (p. 1-2). Die
ou wêreld het té treurig geword, en daarom sit Langenhoven die hele
werskaf onderstebo neer. Sy bure het hom versondig en nou sê hy: Ek maak
soos =ek= lekker kry en kom julle nog verder met my lol, dan koggel ek
julle almal uit! Dit is so ongeveer die stemming waarin Neelsie geskryf
het.
Sy vrou wou haar nie laat vermaak deur die weelderige leefwyse van haar
bure nie--dit was in die dae van Oudtshoorn se volstruisgloria. Sy het
aan hom gekarring en al sy besware "doodgealmiskie". Hy koop "'n
afgeleefde tremwa" in die Kaap, en toe agtien osse die soort strandhuis
nie kon trek nie, verower hy op 'n sirkusvendusie die olifant, Herrie.
Dwars deur die dorp gaan die tog, Olifantsrivier op. Almal wat hom
lastig val raak lelik gepier. Die burgemeester is eerste aan die pen en
sy bemoeisug gee Neelsie 'n kans om sy ergernis oor belastingkwellings
te lug. Op Stolsvlakte raak die pad versper deur die slingerende
gevaarte en van weerskante word die verkeer opgedam. Maar Herrie
verwilder die spul met sy gesnork deur 'n motorbeuel. So ver as Neelsie
gaan versondig hy sy bure--maar hulle het mos eerste begin te lol! En hy
slaan nog geld uit hulle ergernis ook om vir Engela, sy dogter se
numodiese klere te betaal! Dit word 'n wraakneming van 'n getergde man.
Die magistraat, Afdelingsraad en geregtelike mag agtervolg hom, maar
moet met hangende pootjies en skoongewaste koppe stamp-stamp huistoe ry
oor 'n omgeploegde pad. In Meiringspoort vind hy eindelik rus--vir 'n
tydlank ten minste. Daar raak hy aan filosofeer oor "al die nietige ou
mensies op aarde" (p. 61) en die wondere van die skepping. Maar die
lekker rooipit perskes, wat gedienstige jongkêrels vir Engela aandra,
laat hom uitvaar teen die nuwe soorte, wat allerhande plae in die land
gebring 't. En 'n stapel koerante maak hom briesend! Vroutjie peuter aan
hom oor sy ongeselligheid en as gevolg praat hy die arme dominee skoon
dronk van pure gasvryheid. Met 'n groot reent raak die kos skaars, maar
die jongkêrels knoop al De Rust se kabeltoue aan mekaar om oor die
kranse van dertienhonderd voet nuwe voorraad en ... Engela se beste
vryer af te hys!
Een van die afdrifsels op die rivier is 'n dronk Hotnot, wat onder die
sing van "God save the King" op 'n stomp afdryf! "Ons het later gehoor
dat hy deur Oudtshoorn se distrik met Olifantsrivier af is, al singende
"Rule Britannia". En die laaste berigte wat van hom bekend is, is dat hy
onder Gouritzrivier se brug deur is see-toe met die laaste van sy drie
liedere. Dit was "Home Fires" (p. 93). Kostelike ironie!
Oom Hendrik kom ook aangespoel om 'n goeie spook-storie te vertel. En
met sy vasgereende bure kom Neelsie gelukkig so goed klaar, dat selfs
die arm-blanke-vraagstuk aan sy geselligheid geen afbreuk doen nie.
Engela is ook in die skik met haar uit die lug gevalle vryer en die hele
wêreld kom so stadig aan weer reg.
Skaars is die pad egter rybaar of die "sondesoekery" begint weer. Twee
deputasies kom Neelsie vra om hom verkiesbaar te stel, Prins Albert vir
die volksraad en Oudtshoorn vir die stadsraad. Prins Albert hoop om op
die manier sy paaie ongeploeg te hou en Oudtshoorn sê: "Ons wil hê jy
moet so vas wees in die dorp dat jy nooit weer daar uitkom nie" (p.
118). Dit is die laaste, maar glad nie die enigste klap wat Sagmoedige
Neelsie aan sy eieliefde gee nie. Die "sagmoedigheid" van hom is sommer
bossies. Juis die manier waarop hy daarmee omspring, sy koddige pogings
om kastig eie vernaamheid te handhaaf en homself te rehabiliteer is een
van die besgeslaagde humoristiese trekke. "Neelsie, ons bring jou De
Rust se groete. Jy weet hoe lief ons jou het. Moenie laat daar iets
tussen ons kom nie.... Bly op Oudtshoorn.... En die beswaar het ek
gewaardeer.... En tot vandag toe het daardie mense my nog lief. Ek moet
darem maar 'n goeie man wees" (p. 46).
Komieklike verdraaiings, woordspelings en paradokse, die eienaardige
nuanse wat hy in geestige maar ook in die eenvoudigste opmerkings
lê--dit is 'n paar middels wat gebruik word. "Soos die ou spreekwoord
tog sê, as 'n mens dom is moet jy slim wees." (p. 6); tafelpote "moet
glo op een of ander manier ongelyk wees om gelyk te wees." (p. 10); "Ek
wil nie altyd wil nie, maar as ek darem nou wil, dan wil ek, of as ek
nie wil nie, dan wil ek nie." (p. 23.) Met 'n paar woorde bereik hy soms
'n mooi effek. Nadat hy 'n opsomming gegee het van al die swaar goed wat
op die tremwa is, voeg hy so ewe droog by: "En Engela se klere." (p.
48.) Anders kom hy weer met groot vertoon van erns die mees
vanselfsprekende feit vertel: "Engela en Willem het hulle, met
prysenswaardige bedagsaamheid jegens ons ouere smaak, onderwerp om maar
besonders van ons geselskap te bly en met hulle eie tevrede te wees, by
gebreke aan beter." (p. 110.)
"The sense of the Comic is much blunted by habits of punning and of
using humouristic phrase: the trick of employing Johnsonian
polysyllables to treat of the infinitely little. And it really may be
humorous, of a kind, yet it will miss the point by going too much round
about it."[366] Gelukkig kan dit nie van Langenhoven gesê word nie. Hy
maak 'n spaarsame gebruik van al die foefies en om die bos loop hy ook
nie. Mens kry by hom, wat Meredith noem "stout animal laughter", maar
ook "spiritual laughter".
"Die geagte leser kan glo wat hy wil en as hy nie wil nie kan hy laat
staan," sê die skrywer in sy voorwoord. Maar die onwaarskynlikheid is in
so 'n verhaal 'n deug. "There is nothing more powerfully humorous than
what is called _keeping_ in comic character ... (i.e.) consistency in
absurdity; a determined and laudable attachment to the incongruous and
singular. The regularity completes the contradiction; for the number of
instances of deviation from the right line, branching out in all
directions, shows the inveteracy of the original bias to any
extravagance or folly, the natural improbability, as it were, increasing
every time with the multiplication of chances for a return to common
sense, and in the end mounting up to an incredible and unaccountably
ridiculous height, when we find our expectations as invariably baffled.
The most curious problem of all, is this truth of absurdity to itself.
That reason and good sense should be consistent, is not wonderful: but
that caprice, and whim, and fantastical prejudice, should be uniform and
infallible in their results, is the surprising thing."[367]
Nou is daar nog 'n paar "muggies"[368], wat moet katswink geslaan word,
vóórdat hulle ons slaapsiekte kan gee! In _Die Brandwag_ (15 Mei 1912)
het Langenhoven gepleit vir "sulke handige woorde as: mistyk,
baaisikkel, drein, spiets, toast". In dieselfde artiekel kom voor:
_papier_ (krant), _gedrop, hendikep, remnant, op te dres_. As 'n
takhaar, soos Oom Stoffel in _Doppers en Filistyne_ praat van "die haai
sosaaietie van die dorp", dan het ons daar vrede mee. Ons sien hom sy
neus optrek vir die hele gedoente en hoor in die klank al sy veragting.
Dit is dieselfde beginsel wat hom laat sê _Broes Dekstrooi_ en
_Makpaatrie_ en dit tiepeer die man meteens. Maar die _gereelde_ gebruik
van die sogenaamde "handige woordjies" moet stellig afgekeur word en dit
kan ons met Langenhoven se eie woorde doen: "Sal 'n groot Afrikaanse
letterkunde ooit ontstaan, dan sal hy groot wees omdat hy Afrikaans is:
Afrikaans in sinsbou, idioom, taalgenie, taalopvatting, taalgevoel,
taalstandpunt." (t.a.p.). In _Sonde met die Bure_ stuit ons taalgevoel
op: "bargain (p. 16), trieks (p. 18), sake in order bring (p. 22),
kerrietse (p. 36), wybel (p. 98); ons dogter Engela had ook intussen
teruggekom (p. 20); nie alleen dat Vroutjie haar daaraan sou moes
versoen.... (p. 15); Vroutjie gee my weer 'n kyk" (p. 88). En is die
vorm _aan die gesels_ (p. 41) nie veel meer Afrikaans nie as _aan 't
afkom, aan 't uitspan_, ens.?
Doppers en Filistyne, (1922).
"Nou ja, net soos Delila met Simson gemaak het--gekerm en gekarring tot
sy haar sin gekry het--net so het Soetlief met my gewerk tot sy my
oorgelewer het aan die dorpse Filistyne" (p. 7). Soetlief volg dieselfde
taktiek as Vroutjie. Sy is moeg vir die rustige plaaslewe en dwing dorp
toe om ook in die "adelkringe" te kom. Oom Stoffel, 'n opregte ou
takhaar moet toegee en dan begint die sonde met die dorpse bure, en die
dorpse gewoontes. Alles is "blink bedrog". In plaas van sy koele
rietdakhuis trek hy in "'n moderne ongerieflike verspotterigheid ... wat
jy kon omstoot buiten dat die uitgeknipte blikversierseltjies jou hande
sou stukkend sny." (p. 18.) Van "sonde en ergernis en dorpse modes en
dorpse vleis en brood" word hy dodelik siek. Neelsie jaag hom die stuipe
op die lyf en as die dokter hom wil opereer, slaan hy die kêrel "dwars
oor die wastafel" en vlug na die plaas.
By sy terugkoms begint die spokery met sy buurman Makpaatrie oor die
waterlei-beurt. Steekbaard, die ou plaashond bevlieg die Skotsman, want
hy reken: "'n Vroumens met 'n lang rooi snorbaard en rokkies bokant die
kaal knieë--nee, soiets moenie wees nie" (p. 63), En hy veroorsaak nog
meer moeilikheid deur 'n slagting onder die Skot se "uitheemse soorte
bog-ongedierte".
Die anderkantse buurman was "Ja-mes Wénderbaail". Miesies Ja-mes gee
Soetlief 'n kursus in dorpse beskaafdheid, maar Oom Stoffel hou sy lyf
nog altyd takhaar. Die onderhoud tussen hom en Miesies Ja-mes is 'n
meesterstuk van vlymende satiere. (p. 73-75.) Soos Langenhoven die
verengelste Van der Byl-famielie geteken 't sal hulle bly lewe in ons
letterkunde. Hier is hy werklik 'n "virtuoos van het sarcasme".
Neelsie se joernalistieke ervaring kom Oom Stoffel te pas as hy die
Taaims-vaatdoekie aan flenters skeur en die hele redaksie met sy
karreekierie deurloop. Die Progressiewe Hollandse predikant word ook
ongenadig geroskam. As Neelsie met 'n vernuftige varkeberekening bewys,
dat Oom Stoffel koninklike bloed in sy are het skaam die ou hom
bitterlik. "Ek het gedog my peddekrie was skoon"! (p. 113.) Dit is die
ou Boeretrots wat met al sy veragting van uitheemse tietels hier
opflikker.
Engela se klererekening bring vir Neelsie "in die verknorsing" en dit
gee aanleiding tot 'n humoristiese hofsaak. Die gedig wat hy in die
tronk maak, het egter onder sy verdrietige stemming gely.
"Die dorpse duiwels se naam is legio" en in die loop van die verhaal kry
meer as een 'n goeie raps onder Oom Stoffel se kierie. Dit word 'n
deurlopende veroordeling van alle nuwe boggedoentes, van die "met blink
klatergoud-beslane doodkis", die "Mayoral Sunday", die ingevoerde
Engelse honde tot die vrot perskes, pere en appels met _fensie_-name en
_fensie_-wurms om maar 'n paar te noem. Oor alles moet hy sy
takhaar-wysheid lug, en as hy nie te kwaad word nie, laat hy ons glimlag
oorslaan in 'n onbedaarlike skaterlag. Al die nuwerwetse
verspotterigheid word met die ou plaaskierie goed deurgeloop.
Dan kom egter "'n groot versoening ... my ou teëparty is almal bekeerd;
wat my vyande was is vandag my vriende" (p. 136). "Soos met 'n towerslag
is ons gevoelens teen mekaar verander en van onverdraagsaamheid tot
liefde oorgegaan. Makpaatrie en Broes is nie meer uitlanders nie; hulle
is Afrikaners.... Op die ent van vergaderings en konserte sing ek God
save the King uit volle bors ... (p. 67). Die groot versoening het nie
alleen van die Engelse Jingo's Afrikaners gemaak nie, maar ook die
Afrikaner-Jingo's bekeer (p. 86). Voortaan werk Oom Stoffel saam met
Miesies Ja-mes by die verkiesings.
Maar die kastige "versoening" is juis die toppunt van alle ironie! Oom
Stoffel gee homself sy eie doodsteek! Hy het die teëparty so ongenadig
gekneus en gelooi, dat ons voel dat húlle nooit ofte nimmer met hom kán
saamwerk nie. Hoe moet ons dan die psigologiese raaisel van die
versoening verklaar? Delila-Soetlief het die ou takhaar se baard
afgeskeer! Nie alles nie--hy het nog heelparty van sy ou
swaap-nukke--maar Soetlief "knip elke oggend (s)y bokbaardjie vir (hom)
met die skêr reg volgens die nuutste S.A.P.-mode" (p 142). En al die tyd
verbeel hy hom, dat Soetlief en sy ou vyande "aan (s)y kant kom staan
het en saam met (hom) voel vir die beginsels en ideale, wat (hom sy)
lewe lank besiel het ..."! (p. 141.) So kom daar 'n vlymende politieke
ironie in die boek. En dit is 'n raak hou, omdat Langenhoven dit reg
gekry het om die ou takhaar homself te laat veroordeel.
"If you detect the ridicule, and your kindliness is chilled by it, you
are slipping into the grasp of Satire. If instead of falling foul of the
ridiculous person with a satiric rod, to make him writhe and shriek
aloud, you prefer to sting him under a semi-caress, by which he shall in
his anguish be rendered dubious whether indeed anything has hurt him,
you are an engine of Irony."[369] Die "satiric rod" was Oom Stoffel se
kareekierie; die "semi-caress" het van Soetlief gekom.
"The foppish irony fretting to be seen, and the irony which leers, that
you shall not mistake its intention, are failures in satiric effort
pretending to be treasures of ambiguity"[370]. Omdat Langenhoven so goed
daarin geslaag het om ook hierdie fout te vermy, daarom sal die satiere
ook vir later tyd sy oorspronklike frisheid behou, wanneer die politieke
koaliesie daarin gehekel al lank reeds tot die geskiedenis behoort. Hy
het self die grootste gedeelte van Oom Stoffel se ervarings deurleef en
kon die oubaas teken in 'n stemming van vergewende spot. Sy humor is
soos Höffding sê "das Gefühl des Lächerlichen auf Grundlage der
Sympathie". Al is hy vandag Oom Stoffel se politieke teenstander, hy het
die ou bondgenoot nog lief. "Der Humor trägt die Versöhnung im Gemüte.
Er unterscheidet sich von dem Witze, dasz er an den Dingen mit denen er
spielt einen innigen Herzenanteil nimmt, und das die Lust des Lachens
ein inniges Mitgefühl der Rührung für das Verlachte begleitet und
durchklingt."[371] Die simpatie behoort Langenhoven in staat te stel om
ook die langsame groeiproses van die versoening in Oom Stoffel se gemoed
uit te beeld.
Oom Stoffel word ons voorgestel as 'n ongeletterde takhaar. Sagmoedige
Neelsie, sy neef skuld hom 'n klompie geld en die moet sy spelling en
interpunksie verbeter. Dat Neelsie die Akademie-spelreëls op krietiese
wyse toepas--daaroor sal weinig hom seker berisp; maar van die kommas
het hy seker 'n goeie honderd vergeet. "Inhoud woordekeus en
styl"--alles is van Oom Stoffel. Hoe goed Neelsie hom ingeleef het in
die psiege van die ou takhaar blyk uit iedere pagina. Oom Stoffel word
vir ons 'n lewende persoonlikheid. Hy redeneer met die egte
boere-logika. "Soetlief het rooihare. Met 'n rooihaar-ding--of jy hom
ruil of koop of aanteel of trou; hoé jy hom ook kry--steek jy jou in 'n
waag." (p. 19.) Dié stelling bewys Oom Stoffel deur sy ervarings met
vosperde. "Onder al ... die klomp was maar een goeie. Nou kan die leser
by homself uitsyfer wat die kanse is wanneer 'n man 'n rooihaar-ding
aanskaf." Dit is 'n raak psigologiese uitbeelding, wat ons direk tref
deur sy egtheid. Ook Oom Stoffel se gesukkel om die hoe en die waarom
van al die dorpse instellings en gewoontes te verstaan is goed
weergegee. "Hoe dít uitwerk weet ek nie en Neelsie kan my dit ook nie
uitlê nie.... Waarom kan die Engelse kerk my kerk vat en hom uit 'n
blote dorp optel en in 'n city neersit?" (p. 29.) Dit is deur sulke
trekke, dat Oom Stoffel lewendig voor ons kom staan. Hy bly nie in die
boek nie. Die dorpelinge het straatlampe, "om hulle op hulle pad hel-toe
te verlig" (p. 34). Die dokter "kap met die punte van sy vingers oral
oor my bors en my maag rond _nes 'n houtkapper aan 'n vrot
wilgerboomstam_" (p. 46). "Waarom sou ek daardie ou koeie uit die sloot
opgrawe _en aan hulle dooi beendere kou en gallamsiekte kry?_" (p. 136).
"Ou Ja-mes wat anders so suinig is dat hy 'n vlooi sal afslag en dan die
soutkorreltjie viermaal middeldeur maak om die vel in te pekel" (p. 84).
Uit sulke en tallose ander voorbeelde blyk hoe diep Langenhoven
ingedring het in Oom Stoffel se gedagtewêreld. Oom Stoffel is 'n
afsonderlike persoonlikheid. Hy leef, en hy leef sy eie lewe. Hy praat
ook sy eie taal, maar wanneer hy skryf, dan herken ons af en toe
_Neelsie_ se gladdigheid, regsgeleerdheid en humor. Opvallend is dit
nie, maar ons voel dit tog in sinne soos die volgende: "Maar toe die ou
weer met my oor die muur aan 't raas gaan, beskuldig ek hom dat hy met
vrou en kinders en volk, en _met die medepligtigheid en korrupsie en
kollusie_ van ou Broes Dekstrooi, my stelselmatig van my water besteel."
(p. 66.) Só kan 'n ou takhaar nie skryf nie.
Enkele minder gelukkige uitdrukkings kom voor: "gedryfde gelukjag (p.
17); dat ek _aan_ 'n boek _aan_ 't skrywe was"[372] (p. 1); ook 'n paar
anglisismes, o.a. "die doem van die Adamskind (p. 26).
"Ek het geen rede om te dink dat Oom Stoffel Multatuli lees nie," sê
Sagmoedige Neelsie (p. 83 voetnoot). Ons ook nie, maar vir Neelsie self
moet Multatuli in baie opsigte 'n simpatieke skrywer wees. Fonkelende
vernuf, bytende sarkasme, 'n voorliefde vir paradokse en soms ook vir
oud-testamentiese wendings, dit en nog meer het Langenhoven met
Multatuli gemeen. Ook sy spelling-opstandigheid en afkeer van
"hooggeleerde akademiese here" en deskundiges herinner ons aan
Multatuli. "Die geleerde mense is alleen geleerd--die verstandige mense
is ongeleerd" (p. 135). "Die land wemel van skitterende deskundiges"
(_Die Burger_, 14 Aug. 1922). En dat hulle self so weinig presteer en
net "die verstandige mense" se werk wil kritiseer--dit steek Langenhoven
in die krop. Is dit nie of ons Multatuli se uitdaging hoor aan die
"hooggeleerde Muurling": "Laat zien wat _gij_ voor den dag brengt, gij
... geen doctorandus meer, maar doctor, leeraar! Gij, geen doctor meer,
geen leeraar meer, maar _hoog_-doctor, _hoog_-leeraar, leeraar van
doctoren, doctor _van_ leeraren, opperleeraar, opperdoctor!" (Idee 279.)
"Komäan, hoog-geleerden en zeer-geleerden, lever eens wat
volkeren-wijsheid aan 't volk dat uwe wijsheid in huur heeft, en
betaalt!" (Idee 281.) Sou Langenhoven hom nie met Multatuli vrolik maak
nie oor "den armen speciaal-professor die gestruikeld is over 'n
speciaal eigenschapje van 'n speciaal-atoom zijner specialiteit"? Ons
gun hom die plesier, as hy maar onthou dat 'n kunstenaar nog iets anders
is as 'n hooggeleerde.[373] En ons lag saam met hom oor "taal- en
spelling-grille" as hy net nie in ernstige letterkundige werk daaroor
peuter nie![374]
VOETNOTAS:
[357] In _Die Huisgenoot_, Jan. 1921, waaraan hierdie lewensskets
ontleen is. Enkele feite kom uit _Die Brandwag_, Des. 1918.
[358] Twede druk 1909. Die datum van die eerste druk is my onbekend.
_Doppers_ en _Die Boervrou_ word in hoofstuk X bespreek.
[359] Vgl. Boshoff: _Volk en Taal van S.A._, p. 76 vlg.
[360] Des. 1918.
[361] Derde druk, p. 31.
[362] Vgl. _Richteren_ 15:15.
[363] Voorwoord by die 3de uitgaaf.
[364] _Welt als Wille und Vorstellung_ II, p. 109.
[365] Bedoel word Oberammergau, wat tog nie in Switserland lê nie.
_Vollendam_ op p. 120 moet wees Volendam.
[366] _An Essay on Comedy_ by George Meredith, p. 65.
[367] _English Comic Writers_: W. Hazlitt, p. 10. (Bohn's edition).
[368] Sien voorwoord, No. 4.
[369] Meredith, t.a.p., p. 79.
[370] id., p. 83.
[371] Backhaus: _Das Wesen des Humors_, p. 70.
[372] Vgl. _Sonde met die Bure_: "En toe gaan ek aan 't skiet aan die
haan", p. 24.
[373] Oor die onvrugbaarheid van akademiese professore het Langenhoven
hom herhaaldelik uitgelaat. In _Die Banier_, Julie 1921, beweer hy
selfs, dat dit daarna lyk of 'n akademiese opleiding vir die vorming van
'n kunstenaar noodlottig is--wat seker 'n onjuiste bewering is. So 'n
opleiding "het uitgeloop, nie op 'n mislukking nie, maar op 'n sukses:
op die sukses van 'n beoogde mislukking, want hy was opsetlik bereken om
te misluk"! Vir sulke spitsvondigheidjies is Langenhoven maar àl te
lief!
[374] Vgl. b.v. _Ons Weg deur die Wêreld^2_, p. 81: "gesteelde--nee,
gestole moet ek sê--...." In _Aan Stille Waters_ is daar ook
spellinggrappies.
HOOFSTUK VII.
Didaktiese Prosa.
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven.
Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX.[375]
Die eerste afdeling: _Naarheid en Waarheid_ bevat aforismes. Bestaande
spreekwoorde word aangevul, verbeter of ontken. "Dis wáar, klere maak
nie die man nie. Maar slordigheid nog minder." "Een swaaltjie maak geen
somer nie. Hy maak nie eers 'n nes nie." "Daar mag halwe eiers wees wat
beter is as leë doppe, maar die halwe eiers wat naar my koers toe gekom
het was nog altyd vrot." 'n Groot aantal spreuke is woordspelings: "Om
te weet is net so maklik as om nie te weet nie. Wat swaar is, is om te
weet wát jy weet deur te weet wat jy nie weet nie." In andere klink daar
'n sarkastiese toon: "In 'n vrye land behoort elke koerantskrywer die
reg te hê om dwaasheid te verkondig." Die sonde-met-die-bure-motief is
hier ook aanwesig: "Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou
buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se famielie." Oom
Stoffel sal seker instem met die volgende: "As die son nou met die
beskawing wil saamgaan, moet hy in die nag skyn wanneer die mense wil
wakker wees en in die oggend ondergaan wanneer hulle wil slaap."
"Vroutjie" se redeneerkuns word so getiepeer: "Oortuig 'n vrou dat sy
nie reg is nie, sy klap jou om met simpel almiskié."
Die spreuke is 'n pittige samevatting van die skrywer se lewenswysheid.
Daar is raak opmerkings, wat getuig van 'n helder, logiese gedagtegang
en 'n uitgebreide ervaring; nuwe waarhede, op pakkende wyse uitgedruk;
ou waarhede, in 'n nuwe, oorspronklike vorm. As voorbeelde van sy
kernagtige styl kan die volgende dien: "Waar die vader op 'n donkie gery
het en die seun op 'n galop, kry jy die kleinkinders te voet."
"Kleinserigheid is die voorkant van seerkleinigheid."
In die _Ligte Leekprekies_ (IV) is daar 'n preek vir kinders oor
wedywer. "As julle nie weet wat kompetiesie is nie, soek 'n handvol
koring en gooi die vir 'n klompie hoenders. Dan sal julle kompetiesie
sien." (p. 71, Derde druk.) Die verskille tussen "hoender- en
mens-kompetiesie" word dan uitgewerk na aanleiding van wedywer op
sportgebied. Die deurmekaar Engels en Hollands pratery "is my
skoolmeester se skuld" verklaar Langenhoven. Mooi is dit seker nie!
In _'n Preek vir Nooiens_ word die deugde van die voorouers teenoor die
hedendaagse nuwighede geplaas, en die vergelyking val nie ten gunste van
die laaste uit nie, soos blyk uit die volgende lang-asem sin met sy
komieklike nadraaitjie: "En onse jonge dogters begint in te teken vir
ryk ge-illustreerde mode-joernale en 'n aangeleerde smaak te ontwikkel
vir bloedsomloop-versperrende nou-ryg borste-rokke, voet-martelende en
senuwee-renewérende spyker-polfytjies; vir die gesig-belemmerende
wa-wiel-hoed en die bene-belemmerende hobbelskirt; vir die lae-nek blous
en die ope-werk kous." (p. 80.) Teen die wedywer in huweliksgeskenke
word ook protes aangeteken: "Maar onder die teenswoordige opjaagvendusie
wat van menige bruilof gemaak word, weet jy nie watter geskenk 'n
konvensionele pligvervulling verteenwoordig en watter werklik van harte
gemeen is nie...." (p. 83).
In _Beweging_ word die ontwikkeling van ons vervoermiddels geskets en
die voorgeslag verheerlik: "Baie van ons voorouers had stoomharte by die
remskoenwaens; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens." (p.
88.) Al die menslike voertuie is egter onvolmaak, wanneer dit vergelyk
word met een "deur die liewe God gemaak." "So stil, so absoluut
eengalig, loop die ou aarde wat vir ons oor en deur die peillose
afgronde van die hemelruim veilig meevoer, dat die oorgrootste
meerderheid van die mensdom vandag nog oortuig is dat sy dood-stil bly
staan in een plek, beweegloos, roerloos." (p. 89.) Die aarde is "ons ou
moeder-wa" waarop die lewensreis afgeleg word. Dan ontstaan die vraag:
"Waarheen? Waartoe? Waarom?"
In die kinderprekie oor _Ideale_ word die volgende spreuk nader
uitgewerkt "Die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die wêreld
is maar die oeste van ongesiene gedagtesaadjies."
In die sesde afdeling word _Die Betekenis van Opvoeding_ op aanskoulike
en helder wyse uiteengeset en nagegaan wat _Die Kenmerke van 'n goeie
Toespraak_ is.
In die negende afdeling, waaraan die boek sy naam ontleen, tree
Langenhoven op as 'n gids op _Ons weg deur die Wêreld_. In 'n honderdtal
kort prekies, elkeen voorsien van 'n pittige teks word onderwerpe van 'n
groot verskeidenheid behandel. Daar is preke oor die mode, dronkenskap,
skindery, politiek, sedelike kwessies, ons eksamenstelsel, opvoeding,
skuldmaak, fariseïsme, liefdadigheid, eerlikheid, borgstaan, godsdiens,
die dood. Ook maatskaplike vraagstukke, soos die verhouding tussen
kapitaal en arbeid word bespreek. Hy probeer om homself en sy bure
grondig te leer ken. Hoe moeilik die _ken jouself_ is, weet hy maar al
te goed: "Die enigste mens in die wêreld wat in die posiesie is om jou
te beoordeel is jyself, maar jy is die onbevoegdste, want jy is tegelyk
regter en beskuldigde. Jy alleen kan in jou hart inkyk: maar ongelukkig
dis jy wat inkyk--die baas en dienaar van die hart." (72.)
Op sy weg deur die wêreld vind hy baie dinge wat verkeerd is, maar tog
bly hy optimisties: "Laat ons moed hou, maat, die ou wêreld is darem nie
so sleg nie!" (92.) "Die grote waarhede van godsdiens en wetenskap en
idealisme en vaderlandsliefde: immers dié regeer die wêreld." (id.) Tog
moet hy af en toe peins oor die volmaakte wêreld, wat sou ontstaan as
die menslike natuur anders was: "Veronderstel die hele mensdom sou
volkome waarheid-sprekend word, wat sou almal nie win daarby nie!" (50.)
"Die wêreld kon 'n soort van lushof gewees het waar ons al singende en
huppelende 'n lower-beskadude en bloem-bestrooide weg vervolg het van
ons wieg tot aan ons graf." Maar ons moet "met skaamte bely: ... Alles
is hier skoon en edel en groots behalwe die inwoners." (53.)
Enkele volkstiepes word raak gekarakteriseer; in nommer 10 die man wat
by alles voor-op-die-wa wil wees, in 64 die lastige kuiergas, wat "nie
gesels nie, maar gesels-maak". In 78 kom een van die weinige anekdotes
voor, want die direkte preektoon word maar uiters selde deur 'n verhaal
onderbreek.
In die honderdtal preke vind ons veel wat fris en oorspronklik is, en
selfs die ou waarhede word op 'n besonder persoonlike wyse uitgedruk,
sodat dit prikkel tot nadink. "As jy op trou staan sal jy geen goeie
raad aanneem nie, en as jy op sterwe lê sal jy dit nie kry nie." (14.)
"My liewe man, moenie vrees vir jou dood nie: vrees vir jou lewe. By jou
dood sal jy verby kom: hy sal nie te swaar wees nie; want as hy te swaar
sou wees, sou hy onmooglik wees; en as hy onmooglik sou wees, sou jy
onsterflik wees. Wees gerus oor daardie laaste plig wat van jou gevorder
sal word op die aarde: jy sal nie kortkom nie--daardie laaste skuld sal
jy betaal tot op die uiterste greintjie van die uiterste penning" (55).
Dit is deur so 'n ongewone manier van sê, deur sulke verrassende
wendings, dat Langenhoven meestal daarin slaag om ons aandag vas te hou,
want sy preke is pure pit-kos, wat nie in oomblikke van verstrooiing
moet gelees word nie. Die oorvloedige gebruik van abstrakte begrippe,
die epigrammatiese styl met sy vernufspelings, paradokse en parallele
sinsbou vorder die grootste opmerksaamheid van die leser. "'n Bekwame
booswig sou minder van 'n booswig gewees het als hy 'n onbekwame booswig
was. Dáár, o mens, is jou kostelikste besitting: jou karakter wat jou
bekwaamheid bekwaam kan maak ten goede" (68). "Die meeste wyse mense wat
ek nog raak geloop het is dom mense, en die meeste slim mense dwaas"
ens. (9). "Al ons geluk is verbeelding en alle verbeelde geluk is geluk"
(_Aan Stille Waters_). "Leugenliewende waarheidgierigheid (92), die
ontsag vir sy gesag (93), die onreg dat 'n ander die reg ... het"
(77)--vir sulke knal-effekte is Langenhoven besonder lief. Dat hy met sy
puntige gesegdes soms 'n mooi indruk maak is seker; maar die vuurwerk
van sy vernuf verteer ook soms die gedagte wat hy wil uit. Op die manier
gaan die eenvoudigheid wat hy bo-alles na streef verlore. "Die
eenvoudigste sprekers, die eenvoudigste skrywers, is die wat die
diepste, diepste denkers is.... 'n Suiwere gedagte, 'n suiwere waarheid,
is van self soveel wêrd dat hy die beste indruk maak as hy op sy eie
verdienste, op sy eie waarde, ten toon gestel word in plaas van deur 'n
misdamp onduidelik bespeurbaar te wees." (_'n Goeie Toespraak_.)
Op enkele minder gelukkige taalvorme kan hier nog gewys word: "Die man
_wiens_ raad (21 et passim); toe hulle van alle invloede van Kerk en
Skool en Wet _ont_stoke was (27); die taktieke voordeel (37); meineders
(85); verrottenheid (86); om te wanregeer (91); ons _beweeg_ die graaf
in die grond in" (p. 85, Derde Dr.). Die woordskikking is soms foutief
o.a.: "Anders maklik kan jou eie redenasies jouself naderhand ...
verlei" (p. 218). Troebel is die volgende beeldspraak: "die lente van
nuwe lewe en bottende, bloemende, bloedgalop." (p. 90, Derde Druk.)
Afgesien van die storende gebruik van Engelse woorde soos: dres, mistyk,
blackmailer, safe, snobbery, jollie, shabby, independent, ens. is die
aantal anglisismes taamlik groot. Die volgende voorbeelde is aan
afdeling IX ontleen: "'n Klassiek van die literatuur (12); in growwe
opsigte (20); naar 'n gevolgtrekking te spring (21); op die lange baan
verydel die luiaard sy eie doel (25); sy professie van reine bedoelings
(37); nou en dan trek ons 'n blank; om deliberaat meineed te pleeg (48);
raar (Eng. _rare_) (52); die eerste plig is die makliker plig (61); die
wilde-hawer-saaiers in hulle jeug ...; sy iedere woord (71); die ou
vriende van jare lange stand" (83). In _'n Goeie Toespraak_ hoor ons van
welsprekendheid, wat _platval_ (p. 216). Ook in die sinsbou stuit mens
op Engelse wendings.
Uit die reeks artiekels _Aan Stille Waters_ kan ons Langenhoven se
letterkundige opvattings leer ken. "Die hedendaagse Europese dekadensie
van die kubiste en futuriste en impressioniste (volgens wie 'n ding moet
lelik wees om mooi te wees)" moet nie "aan ons Afrikaanse waarheidssin
en eenvoudsgevoel ... af(ge)smeer" word nie. (_Die Burger_, 14/8/22.) In
dieselfde artiekel spreek hy hom teen 'n beroepstoneel uit: "Ek (sou)
liewer ons kultuur op die gebied van die drama onontwikkeld sien bly as
dat ons beroepsbeoefenaars sou hê.... Ek hoef nie meer te sê nie as dat
volgens my insigte 'n klas van beroeps-vermaak-skaffers nie tot genoeg
nut vir die samelewing is om op te weeg teen die besware wat daar in te
bring is nie." As 'n beroepstoneel niks anders dan "vermaak-skaffers"
oplewer nie, sal baie die bewering seker onderskryf; maar van 'n goeie
toneelspeler verwag ons tog veel meer dan bloot _vermaak_! Ook "vir die
gewone mens" moet die kuns méér wees as "ontspanning ... tussen die
harde en dikwels onlieflike pligte van die lewe." (28/8/22). Maar hoe
hoog Langenhoven sy roeping as kunstenaar opvat, blyk uit die volgende:
Vir die kunstenaar sal die kuns "nie 'n afwisselende tydverdryf wees
nie; dit sal sy hele lewe wees." (id.)
Die Bybel, die psalms en gesange is vir hom die toppunt van alle
bereikbare skoonheid. "Hy (d.i. Langenhoven) haal uit die Bybel aan,
omdat hy van geen letterkunde in die wêreld weet wat, as 'n saak van
blote verhewenheid en skoonheid, in die verte daarby kom nie; en uit ons
Psalms en Gesange, _omdat hy van niks in die Nederlandse lettere weet
wat daarby kom nie"_ (31/7/22).[376] By so 'n uitspraak het die gewyde
inhoud van die aangehaalde werke met hul geheiligde herinneringe seker
swaar geweeg. Veral die gekursiveerde stelling wek verwondering, want
wanneer die Bybel, weens sy unieke posiesie as die geïnspireerde Woord
buiten beskouing bly, dan is daar tog seker genoeg geestelike liedere
wat 'n vergelyking met die offisiële gesange glansryk kan deurstaan.
Langenhoven se ideaal is om 'n boek te skryf "wat genot verskaf by die
veewagterskraal en nie benede die aandag van die hoogsgeleerde
uniwersiteits-professor (is) nie." (12/6/22). "Skryf ek vir die geleerde
mense, met die veronderstelling van kennis en ontwikkeling wat hulle
reeds klaar besit, dan word ek vir die grote meerderheid van die volk
onleesbaar--dan kan hulle geen vattigheid by my kry nie. Skryf ek met
die oog op die onbevoorregtes, waar my hart van jammerte en medelye is,
dan loop ek die gevaar dat teen die hoof van my nasie die vernederende
vreemde verwyt kan geslinger word: Julle is onbeskaaf; julle kultuur is
benede die hedendaagse ontwikkelde peil" (id). Die "versoening tussen
hierdie twee teenstrydige uiterstes" vind hy in die Bybel en by Homerus.
"Daarin is die verhewenste bereik waartoe die kuns van die lettere in
staat is, en bereik _langes die weg van die allernederigste
eenvoud_."[377]
Duidelik word sy didaktiese standpunt uiteengeset in _Hoe skryf 'n
mens?_ (17/14/22). "Wat ons roeping en plig is, ons wat skryf, is om
naar ons broers om te kyk wat die opvoeding van node het wat aan hulle
in hulle jonge dae weerhou is en wat hulle nergens anders kan kry nie as
by ons.... Met ons boeke, met ons tydskrifte, met ons koerante, behoort
ons veral diegene te help wat hulle nie self kan help nie." Langenhoven
streef na gemeenskapskuns. Sterk ontwikkel is by hom die liefde vir die
massa, vir _"die onbevoorregtes, waar (s)y hart van jammerte en medelye
is_." Op hom is die woorde van Frans Bastiaanse toepaslik: "Als een
kunstenaar zoo veel houdt van die massa-idee als een ander bijv. van
zijn geliefde of zijn moeder kan houden, dan kan die massa-idee in hem
dien ontroeringsstaat wekken, die tot het kunstenaarsschap aanleiding
geeft."[378] Langenhoven begaan egter die fout om aan àl ons skrywers 'n
didaktiese dwang op te lê en in sy ywer en liefde vir die "arme
sukkelaars op die nederigste onderste sportjie" vergeet hy, _dat die
waaragtige kunstenaar geen skoolmeester is nie_. Die waaragtige
kunstenaar is iemand wat deur skoonheid ontroer is en wat die wondere
gawe besit om sy ontroering in taal of klank of kleur of marmer so te
uit, dat die oorspronklike verrukking wat hy by sy skeppingswerk
ondervind het, vir ander navoelbaar is. Dat daar van alle goeie kuns 'n
veredelende werking uitgaan, is vir die kunstenaar iets bykomstigs; doel
mag dit nooit wees nie. "Het primaire van een kunstwerk is de ontroering
die er in schuilt, en of die ontroering bij den kunstenaar nu gewekt
wordt doordat hij haar krijgt uit het massa-sentiment, of door het
natuurleven, of wat dan ook, dat blijft ten slotte hetzelfde, mits de
diepere ontvankelijkheid en het kunstenaars-temperament er zijn."[379]
'n Kristen-kunstenaar b.v. sal in sy werk, ja =moet= as dit eg is, sy
godsdienstige gevoelens openbaar, omdat hy in 'n kunswerk vorm gee aan
die innerlikste roersels van sy wese. Maar as die self-openbaring van
die Kristen-kunstenaar ontstaan, nie uit 'n suiwer-estetiese drang nie,
dog met die bedoeling om ander te bekeer, dan word dit 'n preek, wat met
kuns niks te maak het nie. As die Kristen alleen uiting gee aan sy
godsdienstige ontroering en alleen daardeur gedryf word tot skepping van
sy werk, dan kan dit kuns wees. Op dieselfde wyse kan iemand wat diep
ontroer is deur die nood en behoefte van ons arm blanke, soos
Langenhoven b.v., kuns skep wat hul harte sal raak. Maar gaat al ons
skrywers nou voor hul skryftafels sit met die bewuste, vooropgestelde
doel: Ons moet "die duisende onbevoorregtes van ons volk", wat nou vir
die eerste maal boeke in hul eie taal kan lees, help, tot 'n hoër trap
van beskawing ophef, dan kan daar wel goeie didaktiese verhandelinge,
ens. ontstaan, skoolboekies vir grootmense, maar nooit ofte nimmer
_kunswerke_ nie. Eenvoudig omdat kuns nie gefabriseer of gekommandeer
kan word nie, omdat kuns sy ontstaan dank aan 'n spontane ontroering van
'n begenadigde eenling. "An essential in creative art is the artist's
temperamental absorption in his own work. Art in that respect is
essentially aristocratic, however democratic its appeal may be. That is
what Meredith meant when he said, 'Do not democratize literature'. Beer
or blankets or biscuits or braces may be manufactured to please the
taste of the average man, but art cannot be so dealt with under penalty
of losing its quality as art."[380]
Langenhoven beweer: "Die meesterstukke van die wêreld, die klassieke wat
die toets van die tyd deurgestaan het, is nie dié wat te hoog vir die
volk was nie, maar juis die wat elementaal (verstaan: _elementêr_) was
en hulle beroep gemaak het op die ewige gevoelens en behoeftes en
ervarings van die ongekunstelde volkshart." (17/4/22). Om dié snaakse
bewering te bewys, neem hy die Bybel as voorbeeld. Maar afgesien van sy
letterkundige waarde, wat ongetwyfeld groot is, het die Heilige Skrif
deur sy godsdienstige inhoud só 'n bevoorregte posiesie, dat daarop geen
argument kan gebou word nie. Shakespeare, Dante, Vondel--aan sulke
kunstenaars moet ons die bewering toets. Hulle was en is nog altyd "te
hoog vir die volk", soos in hoofstuk II al aangetoon is. Dit is pure
onsin om van 'n kunstenaar te verwag dat hy hom na die publiek moet rig.
Hy moet eenvoudig getrou wees aan die innerlike stem, aan die heilige
ontroering, wat die skepping van kunswerk vir hom tot plig maak.
"Wer den Dichter will verstehen
Muss in Dichters Lande gehen"
sê Goethe. "Dat is een wet van alle tijden voor de poëzie.... Een
dichter moet in niets anders leven dan in de aandoening, in de idee die
hij aan het dichten is. Hij moet niet met zijn verstand een geleidertje
bij zijn werk zetten, dat toekijkt of hij wel zoo schrijft dat vele
menschen het zullen kunnen lezen. Dan is de toestand niet zuiver meer en
is de poëzie vertroebeld."[381]
Met dit alles word volstrek nie beweer, dat die kuns buiten die
maatskappy, buiten die volk hoef te staan nie. "Goede en groote kunst
heeft steeds in de maatschappij gestaan; al werkt ze niet rechtstreeks
op de massa, zij is en blijft een macht in de gemeenschap. Het
voortbrengen van goede, groote kunst is iets zeer persoonlijks en
individueels. Als toevallig dat persoonlijke en individueele dwingt tot
het scheppen van gemeenschapskunst, prachtig! _Maar zoo iets opzettelijk
aan te kweeken of bij politieke leuze voor te schrijven is een
dwaasheid_. De hoogste en teerste en tevens machtigste kunst oefent haar
levenden invloed rechtstreeks meestal slechts in beperkten kring, zal
wel zeer zelden spreken tot het gevoel en begrip van de grove
massa...."[382]
Laat dié kunstenaar wat deur sy innerlike geaardheid en natuurlike
aanleg tot gemeenskapskuns geroep word, dit voortbring; maar laat ons
dit nie as enge dogma aan almal voorskryf nie, want iedere waaragtige
kunstenaar dien die mensheid op sy eie manier. Kloos sê: "Een gedicht is
de individueelste expressie van de individueelste gevoelens", en Adama
van Scheltema se formulering is presies die teenoorgestelde: "Een
gedicht moet zijn een muziekstuk van woorden en gedachten, dat door
zooveel mogelijk onzer medemenschen kan worden gevoeld en
begrepen."[383]. Tog het albei skoonheid geskep. Maar die indiwidualis,
wat in stryd met sy roeping die hele gemeenskap wil dien met sy kuns
gaat ten gronde. Ons hoef alleen aan Gorter te dink. En didaktiese kuns
wat nie is "ontvangen en geboren uit de onweerstaanbare
schoonheidspassie, gesteund door kennis en arbeid" kan wees "leerzame
propagandistiese lectuur ..., maar dat gaat voorbij, daaruit vloeit niet
de koesterende warmte van het stralend vuur, _the joy for ever_."[384]
"Even in novels of a superior order, which may be marked by some
psychological insight, atmospheric truth, and a highly consciencious
exposition of character and motive, we find that the didactic touch
often robs the story of the qualities of flexible grace and naturalness
which are essential to fine craftmanship."[385]. Dit is 'n waarskuwing
wat ons kunstenaars gerus kan oorweeg.
Gelukkig hoef ons in Suid-Afrika voorlopig nie te vrees vir
indiwidualistiese verwildering nie. Ons kunstenaars sluit hul nie op in
_ivoren torens_, gaat nie op in egoïstiese aanbidding nie, maar staan in
die middel van die volk. En as daar nog baie onbevoorregtes is, wat
selfs ons nasionale kuns nie kan waardeer nie, dan is dit omdat die weg
tot ware kunsbegrip lank is. Deur aan die volk hul moedertaal op die
skool te gee het Langenhoven die enigste weg ingeslaan waarlangs hul
gelei kan word tot 'n waardering van egte kuns.[386]
§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt.[387]
Praatjies met die Oumense, (1918).
Die grootste gedeelte van die bundel bestaan uit 'n
populêr-wetenskaplike behandeling van mediese onderwerpe, soos kanker,
geslagsiektes en die drankkwessie. 'n Vyftal opstelle behoort egter tot
die didaktiese literatuur. Die _Praatjies_ is geskrywe "om oumense,
veral die wat ouers is, aan te spoor om vir hulleself te dink".[388]
Groot nadruk word gelê op die noodsaaklikheid om logies te redeneer en
die skrywer toon dan ook dat hy dié kuns goed verstaan. Sy rustige
betoogtrant munt uit deur klare eenvoudigheid. "Soos dit nou gaan, is
die meeste gepraat selfs oor belangrike sake net maar babbelpraat, omdat
diegene wat in die bespreking deel neem nie die moeite gedoen het om
vooraf die feite, wat op die onderwerp van toepassing is, te leer ken
nie." (p. 17.)
Die kuns om te lees, verbeelding, opvoeding, vryheid en
verdraagsaamheid--dit is die didaktiese onderwerpe wat behandel word. Sy
pleidooi vir 'n suiwer Afrikaanse beeldspraak verdien die aandag: "Ons
hoef vir geen nasie agter te staan nie, wat vergelykenisse, geput uit
ons natuur, ons geskiedenis, ons alledaagse lewe, betref, maar waar sien
of hoor jy dat ons publieke sprekers van sulke nasionale beelde 'n
algemene gebruik maak?" (pag. 43.)
Telkens word Multatuli met groot ingenomenheid aangehaal en die lesing
van sy werk aanbeveel[389]. 'n Paar van Leipoldt se denkbeelde is
taamlik rewolusionêr en sal, deur ons land ten minste, seker 'n klein
Multatuliaanse "rilling" laat gaan. Hy is 'n teenstander van
godsdiens-onderwys op skole. "Is dit nie veel beter nie om uit die Bybel
te put stories en stukkies wat 'n rein opvoedkundige waarde het, en dit
voor te dra in die skool as deel van die algemene geskiedenis soos dan
ook die Herbartse volgelinge dit doen?" (p. 84.) Sendingwerk beskou hy
as 'n uiting van onverdraagsaamheid. Die sendelinge is "uitstekende,
mensliewende persone.... En tog, dieselfde beminnelike mense gaan naar
ander mense, wat nie juis bely wat hulle bely nie, en kwets die mense in
hulle diepste en heiligste gevoelens op 'n manier wat hulle van jou en
my nooit sal verdra nie." (p. 150.) Op p. 34 is sprake van "die
middeleeuse hipotese van erfsonde" en "die predestinasie of
verdoemingsleer van die Kristelike kerk." Predikante en prokureurs kry
'n opslagskoot op p. 16: "Die meeste van ons is geneig om die deskundige
te wantrou. Daar is net twee van die soort mense aan wie onder ons mense
'n algemene roem toegeken word, naamlik die predikante en die
prokureurs, en op die keper beskou is hulle deskundigheid tog maar van
die minste waarde"!
Leipoldt se helder prosa bevat ongetwyfeld 'n belofte. "Ek weet dat wat
ek aanvoer van belang is vir ons volk, en dat dit algar dinge is,
waaroor 'n verstandige mens behoort na te dink" verklaar hy in sy
voorwoord. Die waarde van sy _Praatjies_ lê daarin, dat dit 'n
aansporing tot selfstandig dink bevat. Op enkele minder gelukkige
taalvorme kan nog gewys word: "Ons herinner, hoe sy ewe manmoedig ...
pal gestaan het (p. 12); as ek dus iets verbeel (p. 29); hy is een van
die mense wat ... die naam van mistiek mag dra" (p. 32). "Die strikte
onderwyser" (p. 87) en "vandag is ons begrip nog geverwe deur gewoonte"
(p. 145) is anglisismes.
§ 3. G. Jordaan.
G. Jordaan vertel in _Die Muurkassie_ (1919) hoe Oom Andries "deur
oppassendheid en sorg ryk geword het". Hy hou vas aan die voorvaderlike
gewoontes en gereeld kom die Bybel uit die muurkassie. As klein Andries,
uit wie se jeug allerlei awontuurtjies meegedeel word, egter groot is,
trou hy met Florence McWire. Hy word een van die "society-mense" en dit
duur nie lank nie of die muurkassie word die bewaarplek vir kaarte en
brandewyn. Armoede volg en na 'n beskouing oor die arm-blanke-kwessie
roep die skrywer sy lesers, "wat ook grond geërf het van hulle ouers"
toe: "Daar kom 'n stroom van immigrante uit Europa. Vele oë is op die
erwe van die voorgeslagte (die plase van die boere). Laat ons met
rotsvaste beslistheid Naboth nasê: Dit zij verre van mij dat ik u geven
(of verkopen) zal de erve mijner vaderen!"
Jordaan "skryf as gewone boer aan (s)y landgenote"[390] 'n eenvoudige
lekeprekie oor 'n aktuele kwessie. Ter afwisseling vertel hy 'n paar
grappies: Oom Willie val in die stampkarring, Oom Andries in 'n bad
water, ens. Maar sy waarskuwing is ernstig, en ofskoon van geen
letterkundige, seker van kulturele belang. Hy is ook die skrywer van:
_Hoe zij stierven_.
VOETNOTAS:
[375] Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die
stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk
gesiteer.
[376] Ek kursiveer.
[377] Ek kursiveer.
[378] E. D'Oliveira: _De Jongere Generatie_ p. 93.
[379] t.a.p., p. 94.
[380] Edward Garnett: _Friday Nights_, p. 257.
[381] D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.
[382] Prof. Dr. J. Prinsen: _Handboek_^2 ens., p. 554. Ek kursiveer.
[383] D'Oliveira, t.a.p., p. 211.
[384] Prinsen, t.a.p., p. 671.
[385] Garnett, t.a.p., p. 265.
[386] Vgl. my artiekel oor die kwessie in _Die Huisgenoot_, Aug. 1922.
In sy repliek (_Die Burger_, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om
die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n
kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde
ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!!
Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk
o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die
katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly
onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers van _Die
Huisgenoot_ aangetoon word.
[387] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: _Taal en
Poësie_^2 ens, p. 300 vlg.
[388] Voorwoord.
[389] O.a. p. 88.
[390] Voorwoord.
HOOFSTUK VIII.
Dierebeskrywing.
§ 1. A.A. Pienaar. (SANGIRO).
Sangiro is in 1894 in die distrik Pretoria gebore. Op elfjarige leeftyd
het hy met sy ouers die voortrek na Duits-Oos meegemaak. Groot was die
ontberings op die lang trek van die kus af na Kilimandjaro. Eers was dit
malaria, toe vrek die trekdiere en eindelik was al die voedselvoorraad
op--verweg in wilde bosstreke, waar niks te kry was nie. Kort na die
aankoms by Kilimandjaro, waar toe al 'n paar Boerfamielies was, is twee
van sy broers dood aan die gevolge van malaria en die ontberings langs
die pad. Daar was geen ander maats naby die plaas nie en dus het hy
alleen opgegroei tussen die diere. Van die tyd vertel hy: "Die grootste
plesier het toe nog bestaan in die jagawonture en die doodskiet. Maar ek
het baie behae daarin geskep om jong wilde diere lewendig te vang en aan
my gewend te maak. Daardie eerste jare was 'n gedurige worsteling om die
vee snags teen roofdiere te beskerm. Dié werk het hoofsaaklik op my
gerus. Deur gedurige aanraking--jag en naspoor gedurende die dag en
opsit in die kraal snags, het ek natuurlik 'n baie intieme kennis van
die roofdiere veral gekry. Hierdie lewe het vier jaar geduur. Toe is ek
na Suid-Afrika om te studeer. (Heidelberg, Tvl. en Stellenbosch). Toe ek
in 1917 gaan kuier na Duits-Oos, was my lewensbeskouing baie verander.
Ek het dit nou swaar gevind om wild dood te skiet, en het die jag alleen
nog geniet wanneer dit gevaarlike teenstanders, soos die leeu en
renoster geld. Die grootste plesier het ek nou daarin gevind om die
diere in hulle eie omgewing gade te slaan. Die gebeurtenisse in my
boekie het gedurende hierdie twee jaar plaasgevind. Die stories is waar.
Die leeus het ek 'n weeklank elke maanlignag sit en beskou uit 'n boom.
Ek kon elke beweging bespeur en later weergee in my boek. Die jagters
wat daarin voorkom is my broer, ('n jonger een) en ek self."
In 1920 het _Sangiro_ aan die Stellenbosse Uniwersiteit gegradueer. Hy
is nou op die redaksie van _Die Burger_, en uit die blad is sy sketse
_Uit die Lewe_ bekend. In 1921 het van hom verskyn: _Uit Oerwoud en
Vlakte, Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld_[391]. Daarvan vertel
hy: "Die boekie is geskryf in Quarta, Stellenbosch, waar 'n groot
verlange na die wildernis van my besit geneem het, sodra ek in 1918 weer
teruggekeer het uit Duits-Oos.... Ek kan dit nie help nie, maar ek het
'n gedurige heimwee na die wildernis--nou ook weer." So skryf _Sangiro_
net na sy terugkeer van 'n lang jagtog. Die jag was egter bysaak en die
volgende keer neem hy miskien net sy kamera saam. _Sangiro_ is die
bynaam wat die Kaffers hom gegee het.
Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld.
M.H. van Campen het opgemerk, dat in die loop van die eeue die
beroemdste skrywers die dierewêreld "nimmer om zich-zelfs-wil in
literaire kunst" uitgebeeld het nie. In die Pancatantra, die fabels van
Aesopus, die Reinaert-sage en ook vir La Fontaine is die dier alleen van
belang "voor zoover het als acteur te gebruiken viel, wien een
_menschelijke_ rol kon worden toebedeeld."[392] "Zeer zeker ging al
dezen schrijvers het eigenaardige van het dier-leven niet onopgemerkt
voorbij, maar dat leven zagen zij niet als een schoonen stroom, machtig,
diep en hunner aandacht ten volle waardig, ook al hadden zij er nooit de
_spiegeling_ van der _menschheid_ gelaat in gezien.... De dieren spelen
(in de Indo-Europeesche dierensage) wel de eerste rol, maar die dieren
denken en handelen met _menschelijk_ verstand, die dieren zijn _verkapte
menschen_, zijn _menschen in een dierenhuid gestoken_, gelijk in
Rostand's _Chantecler_." Natuurlik erken Van Campen dat "door spel en
tegenspel dezer als 't ware psychologisch-_kunstmatige_ en _niet_ naar
de doorgronde-werkelijkheid gebeelde dierfiguren, tafereelen van tot
schoonheid gestegen schalkheid, satyre, wijsgeerig en _mensch_-kundig
inzicht ontstaan (zijn), die voor geen andere werken van letterkunde
onder hebben te doen."
In die diere-epos en diereroman van ons tyd word die dier om sy eie
ontwil uitgebeeld. Jack London se _Pittah_ noem Van Campen: "een
dierenverhaal, dat ons den schrijver doet zien, zóó verzonken in de
contemplatie van het _dier_-leven, dat _dit_ op het allereerste plan van
het werk staat, en de _menschen_ er slechts in optreden voor zoover zij
invloed hebben op geest of lichaam van het dier." So langsamerhand het
daar 'n uitgebreide literatuur ontstaan, heeltemal gewy aan diere van
allerlei soort. Charles Derennes raak in sy _bestiaire sentimentale_
selfs in geesdrif oor 'n vlermuis en in _Le Roman de la Rivière_ van
Georges Ponsot is die held 'n jong snoek. By sommige kunstenaars is dit
die herlewing van die ou pastorale idee, 'n wegvlugtery uit die
smoor-atmosfeer van die moderne beskawing. Edward Garnett vertel ons van
W.H. Hudson "who, (flings) off the soiled dust of our human
thoroughfares, and (goes) into nature's wilderness to escape the sight
of the _pale civilized faces_, with the mean round of petty human
interests of their _artificial indoor lives_."[393] In Suid-Afrika met
sy wyd uitgestrekte vlaktes, wat nog so dun bevolk is, kan daar van so
'n motief egter geen sprake wees nie. By ons is daar nog maar weinig
"kinderen van weelderige overbeschaving",[394] want die grootste
gedeelte van die volk leef nog in landelike eenvoudigheid. Maar deur die
gedurige rondtrekkery in woeste streke het die Boere in intieme
aanraking met die natuur gekom, en had hul die geleentheid om die lewe
van die groot wild van naby te bestudeer. In ons letterkunde is daar dan
ook tallose jagverhale. Maar so 'n digterlike gees soos Sangiro is nie
tevrede met die optekening van sy jagervarings nie. Deur 'n langdurige
verblyf in woeste streke geraak hy onder die mistieke bekoring van die
oerwoud, gaat hy geestelik heeltemal op in die geweldige drama van die
natuur. "Man ... can only enter into the vast world of (nature's) myriad
sentient life by employing all the old emotional tools--his sense of
mystery, love of beauty, poetic imagination, and human love--to
supplement and vivify the _impassive_ truths of Science."[395] Dit is
wat Sangiro doen. 'n Leeu is vir hom nie alleen "'n aantreklike wit" en
"na 'n goedgeslaagde skoot ... 'n stuk dooie vleis" nie, maar in elke
leeu sit "'n fyn georganiseerde lewe ..., 'n persoonlikheid in sy soort
ruim so interessant as dié van die mens" (p. 83). "Ook onder die wilde
diere bestaan daar 'n soort van geesteslewe, wat die opmerksame
waarnemer telkens weer met verwondering vul; vir hom word dit naderhand
moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hul uiterlike beweginge te
verstaan" (Voorwoord). Maar Sangiro is veel meer as 'n "opmerksame
waarnemer"; sy liefde vir die diere maak hom die digterlike vertolker
van al hul emosies en instinkte en deur middel van sy plastiese
uitbeelding laat hy ons dit ook navoel. "Wild nature's life being a
natural drama of instinct, an unceasing play of hunger, love, battle,
courtship, fear, parental emotion, vanity, and most of all, perhaps,
pure enjoyment of physical powers, it is obvious that every man who is
irresponsive in his feelings, or possessed of a dull artistic
imagination, or weak aesthetic sensibilities, must remain practically
aloof from wild nature and its infinite feast of characteristic
displays."[395]
Edward Garnett het in die aangehaalde artiekel duidelik aangetoon, dat
die noukeurige wetenskaplike waarnemings van die beroepsnatuurkundige
aangevul en vertolk moet word deur artistieke en poëtiese verbeelding.
Tot die wetenskaplike ondersoeker sê hy: "You tell us countless facts
about the laws of life, but the actual spirit of life, its living
feeling, which is the essential volatile principle of life, can never be
fully assessed by you." Dié artistieke verbeelding en innige
aanvoelingsgawe besit Sangiro en daarom is sy sketse ook 'n kunswerk
geword.[396] Hoe diep en innig die liefde vir diere kan word, blyk uit
die volgende verklaring van Dr. Jac. P. Thijsse: "Ik heb nu al zoovele
voorjaren met de vogels bewust meegeleefd, dat ik ook de Aprilmaand min
of meer op vogelmanier gevoelen kan en ik voel 's morgens bij 't
ontwaken, welke vogels in den nacht aangekomen kunnen zijn."[397]
In die eerste skets beskryf Sangiro die lotgevalle van 'n leeufamielie.
In al hul houdings het hy die diere bespied, op al hul dwaalpaadjies het
sy oog hul gevolg. Die speelse vrolikheid van die kleintjies, die
versigtige sluipgang op die jagveld, die kennismaking met nuwe vrinde en
die nagtelike smulpartye word op mooi realistiese wyse geteken. Hy
probeer om al die fyn klanknuanserings in die leeuegebrul te verstaan.
Wanneer hy die smart van die trotse bosreuse oor 'n doodgeskiete wyfie
beskryf, die hulpelose verlatenheid en swerftogte van die bangerige
kleintjies, dan bereik hy 'n diepte en innigheid van plastiese
uitbeelding waar 'n roerende skoonheid in bewe. Die langsame ontplooiing
van die jaginstink by die jong diertjies word met treffende waarheid
geskilder. Die wilde natuur waarin die geweldige dieredrama afgespeel
word is nie alleen dekor, is nie louter omlysting nie, maar maak
onafskeidelik deel uit van die handeling. In die stilte van sy donker
wegkruipplek, in die lange ure van sy spannende nagwake het die
geheimsinnige gees van die wildernis hom aangeraak. Hy het die glans van
die maanspatsels oor donker blare gesien, die wegskuiwende skaduwees in
hul trage gang gevolg; die blitsoë van getergde leeus het hom laat
huiwer; die geritsel van die gras, die gekreun van die bome, die
jagkrete van al die oerwoud-bewoners het hy leer verstaan; die slagtande
van gulsige hiënas het hy hoor kners op die afgevrete bene van hul
prooi. En deur die skoonheid van sy woord laat hy ons dit ook alles sien
en hoor.
"Ek sou ... vandag die geweer opsy laat en net met kamera en dagboek ter
hand 'n beeld uit die daaglikse lewe van die oerwoudbewoners probeer
opvang." (p. 169.) So ontstaat die skets: _In die Oerwoud_. By 'n
reënpannetjie is sy wagplek en al die lewe rondom hom word met raak
trekke geteken, terwyl ook die hele atmosfeer van die oerwoud goed
aangedui word.
Die derde skets _Renosterlewe_ is 'n deurlopende verhaal van die
vrindskap tussen 'n renostertjie en 'n jong seekoei, wat albei hul ouers
deur die koeëls van die jagters verloor het en troos en veiligheid in
mekaar se geselskap vind. Al hul awontuurlike ondervindings op lang
swerftogte deur oerwoud en oor vlaktes word met liefdevolle oorgawe in
treffende tafereeltjies uitgebeeld. Die hele tropiese omgewing met sy
miljoene dier-bewoners en weelderige plantegroei word vir ons 'n skone
realiteit, trillende van intense lewe tot in sy donkerste
wegkruipplekkies. In so 'n geweldige oerwoud is die mens maar 'n nietige
stippeltjie, en in die atmosfeer van plegtige stilte, waar elke geritsel
'n betekenis het vir duisende ore, besef ons, "that man's mind, though
the most marvellously complex instrument of all, is still, as it were,
but a human eyelet hole, through which the Universe can only be
refracted back to us in certain aspects of its incalculable whole."[398]
Hoe dankbaar moet ons wees, dat daar kunstenaars soos Sangiro is, wat
ons nader aan die natuur bring, wat ons iets laat begryp van die intieme
lewe van die diere. Hy is op die jagveld nie alleen 'n vernielende
oorwinnaar nie, aangehits deur 'n primitiewe uitroeiingsinstink, maar
ook die digterlike aanskouer, wat voel dat daar in die krioelende lewe
om hom heen skoonheid te vind is. Dat hy protes aanteken teen die
onridderlike praktyke van party jagters kan ons verstaan.[399] Maar sy
hele boek is so 'n welsprekende aanklag teen menslike wreedheid, dat 'n
direkte pleidooi, wat ook uit kunsoogpunt nie kan goedgekeur word nie,
oorbodig is.
Treffend is die tekening van die eensame renosterwesie. "Sy ongeduldige
geproes, waarmee hy eers die seekoeitjie wou uitlok, onderwyl hy
opgewonde op die oewer ronddrentel en die sagte brak vol ronde
spoortjies trap, het langsamerhand, namate sy maat verder en verder
swem, in 'n smekende gepiep oorgegaan.... Nog 'n rukkie staan die donker
figuurtjie daar op die wit brak, af en toe sag kwiekende onderwyl hy oor
die water staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om
verder te sien met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy,
met sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige
renostergesiggie" (p. 204-6). So vind Sangiro vir al die woudbewoners
die juiste, tekenende woord. Van 'n gekweste seekoei kry ons die
volgende realistiese skildering: "In stomme wanhoop-staar hang die
massiewe kop omlaag, die verbryselde kakebeen bloederig-kwylend in
aanhoudende vergeefse poginge om tande op mekaar te knars." (p. 225.)
Ook die atmosferiese verskynsels, die tropiese sonsondergang, die
miswolke teen die hang van die berge, die sombere reënseisoen laat
Sangiro in fyn stemmings-beskrywinge vir ons leef. "Dae het verbygegaan,
en nog duur die sonskyn. Met die groei van die maan het die weer skielik
verander, en na 'n week van woeste, stikdonker nagte en droefskemerige
reëndae wasem die oerwoud weer geur uit onder 'n sonnige safierhemel; en
wellustige dae word gevolg deur toweragtige maanlignagte, wanneer
vuurvliegies oor 'n misties-glimmende watervlak dans en dowwe
eggo-klanke van nagdiere onder 'n donker, vogtige oerwoud rondom
weerklink." (p. 229.) Mens voel dat die skrywer sy gedagtes gekoester
het, sy woorde liefhad en hul met sorg neergeskryf 't. Daar is 'n
vloeiende buigsaamheid, 'n musikale streling in sy sinne. Telkens word
ons verras deur raak seggingskrag en fyngevoelige uitbeelding, sonder
dat aanstellerige en bygemaakte woordpronksels die klare eenvoud van sy
styl bederf.
'n Enkele maal skryf hy aan die diere miskien te spesifiek menslike
gevoelens toe, en soms twyfel ons aan die juistheid van sy psigologie.
"Die renostertjie (staan) nog snuiwend in die rondte, gereed om te storm
... en heeltemal seker dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is." (p.
233.) In so 'n geval bring die skrywer sy eie waarneming op die dier oor
en oortuigend is dit seker nie. Maar daarteenoor staan, dat hy hom so
ingeleef het in die diereverstand, dat sy intuïesie hom selde op 'n
dwaalspoor bring.
Oor die beeldspraak nog 'n opmerking: maak dit nie 'n komiese indruk
nie, as ons lees dat renosters "in alleryl die _hase_pad gekies het"?
(p. 188.)
§ 2. Hans Anton Aschenborn.
Aschenborn is in 1888 gebore in Kiel. Sy vader is 'n Duitse admiraal.
In Mecklenburg het hy op 'n groot landgoed prakties leer boer. Van Prof.
Burmester in Kassel het hy skilderles gehad en sedert 1910 boer en
skilder hy in Suid-Wes-Afrika. Op die gebied van die artistieke
afbeelding van ons wilde diere is hy 'n baanbreker en verskeie uitgawes
is al deur hom geïllustreer.[400] In 1921 het verskyn: _Uit die Lewe van
'n Gensbok_, die eerste van 'n reeks, waarin Aschenborn ook die koedoe,
wildebees en eland wil beskryf en afbeeld. "Die gensbok het ek op my
plaas in Suid-Wes so noukeurig gadegeslaan, dat hy vir my 'n intieme
vriend geword het", verklaar hy in sy voorwoord. Maar so 'n
woordkunstenaar soos Sangiro is hy nie. Sy boekie is van meer betekenis
vir die skilderkuns as vir die letterkunde. In eenvoudige, soms
gebrekkige taal skets hy 'n paar insidente uit die lewe van 'n gensbok.
VOETNOTAS:
[391] Oorspronklik in _Die Huisgenoot_ verskyn.
[392] Over Literatuur, Twede Bundel: _Pit-tah, De Grijze Wolf_, door
Jack London, p. 205 vlg.
[393] _Friday Nights_: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.
[394] Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft's _Granida_, Zw.
Herdr.
[395] Garnett, t.a.p.
[396] Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen
rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self
waargenome feite berus.
[397] _Het Intieme Leven der Vogels_, p. 221.
[398] Edward Garnett, t.a.p.
[399] Vgl. o.a. p. 83 vlg.
[400] Ontleen aan _Die Huisgenoot_ Des. 1920.
HOOFSTUK IX.
Reisbeskrywing.
§ 1. A.J. Jacobs.
Reisavonture op Land en See deur 'n Dómine, (1920).
Volgens _De Goede Hoop_, Augustus 1919 is _Dómine_ die skuilnaam van
A.J. Jacobs. Hy het oor Madeira 'n reis gemaak na Buenos Aires en
vandaar na die Boerekolonie in Argentinië om vir die geestelike belange
van die uitgewekene te sorg. 'n Lywige boekdeel het hy nodig om al sy
ervarings te vertel. En dan betreur hy dit nog, dat hy nie alles haarfyn
kan meedeel nie! "Dis tog jammer dat hulle nog nie 'n instrument soos 'n
gramafoon uitgevind het nie, wat mens op reis by jou kan dra nie. Dit
moet nes 'n sakkamera wees en daarmee moet mens _alles wat jy hoor kan
opvang en bewaar_. Daar gebeur so baie dinge, wat mens hoor en dis
moeilik om alles akkuraat weer te gee."[401] Die neiging om _alles_ mee
te deel is juis _Dómine_ se fout. Hy veronderstel, dat tallose
besonderhede, wat vir hom persoonlik van belang is, ook die leser sal
interesseer en weet eenvoudig van geen ophou nie. En dit is jammer, want
hy het ongetwyfeld slag om 'n anekdote smaaklik te vertel, soms met so
'n droog-humoristiese draaitjie, dat iedereen daarby moet glimlag. Maar
sulke onderhoudende gedeeltes lê diep toegepak onder wavragte van
onbelangrike sake. So kry ons b.v. allerlei banaliteite oor die _Saxon_;
tot selfs die tonnemaat van die skip word meegedeel! (p. 18.) Soms lyk
dit of die skrywer hom 'n klein agterveldse leserskring voorstel, wat hy
met groot syfers kan dronkslaan! Is dit nou nodig om nog in 1920 te
vertel: "Eendag is die pond sterling veel meer waard as op 'n ander
keer"? (p. 61.) Dit is maar een voorbeeld van die tallose uitweidings,
wat allermins op 'n fris oorspronklikheid kan aanspraak maak en
eenvoudig 'n herkouery van oorbekende sake word.
Soms lyk dit weer of die skrywer 'n handleiding vir toekomstige
emigrante wou skryf.[402] Hy gee selfs kook-resepte![403] En so word sy
reisbeskrywing 'n sonderlinge byeenskraapsel van allerlei wysheid.
Dat _Dómine_ op spellinggebied geen deskundige is nie, blyk al uit die
tietel van sy boek. Afgesien van die tallose drukfoute kry mens op byna
iedere bladsy rariteite soos die volgende: "vollende, dokse, hemdjie,
kerritse, nuwes, baik, stadte, raste (i.p.v. rasse), geflatter" ens. Ook
anglisismes is volop en dwarsdeur die boek stuit mens telkens op sinne
waarin die negatief, woordskikking en voorsetsels verkeerd is. Lomp
uitdrukkings soos "puur bloed inboorlings" (p. 169), "die besnedenis van
sy gesig" (p. 148) ens. toon duidelik, dat _Dómine_ sy taal glad nie
beheers nie. Hoe sou hy anders so iets, soos die volgende kan skryf:
"Verre van in 'n soort afsondering, as in 'n groewe, vas te sit, het
hulle met hul sedelike en nywerheids talente gewoeker. Die rykes het die
armes voortgehelp deur onderlinge geselskappe om hout te saag, land van
bosse rein te maak en alle soorte ambagte te beoefen." (p. 184.)
Natuurbeskrywings kom daar baie in die boek voor, maar gewoonlik word
die land uit die oogpunt van 'n boer gesien. "Die plek waar ons sou
staan, was besonder waterryk; groot kuile en helder strome loop deur die
ganse breedte van die kañedón of vlei. 'n Boer se hart sal bly word, as
hy die rykdom van gras en water kan aanskou" (p. 227). Hy is gedurig in
die stemming van 'n boer, wat 'n nuwe landstreek opneem om die beste
plek vir 'n plaas uit te soek, en ondertussen bereken watter soort
boerdery daar die voordeligste sal wees. In 'n handboek vir emigrante
sou sulke aanwysings seker onmisbaar wees, maar die skrywer wou tog iets
anders gee. As hy by die glanspunt van sy reis kom, en sy tog oor die
mere en deur die oerwoude moet beskryf, is hy 'n opmerksame toeris, wat
gedurig syfertjies en berekeninge in sy sakboek opteken. "Die formasie
van mere tussen hoë berge is in veel opsigte merkwaardig. Op gesag van
Delgado weet ek dat hierdie een 12,000 vt. bokant die oppervlak van die
see geleë is" (p. 174). Gevoel vir skoonheid het hy ook, maar wanneer
dit tot uiting kom, blyk sy volslae magteloosheid as taalkunstenaar.
"Alles skyn omtower in iets onnatuurliks, denkbeeldigs, fantasties!...
Nee, geen kunstenaar kan op die doek verewig, wat daar ieder dag
afgespeel word nie. Die Skepper wat daardie _onbeskryflik heerlike
gloed_ van lig as met 'n towerslag op berg en bos heenwerp ... laat Sig
nie naboots nie!... Bokant ons hoofde _ver_skiet bundeltjies
agterblywende sonstrale _ver_by.... Dit word aand en die stil maar _guur
lug voel skerp_ teen hande en gesig.... Van alles wat mens sien en
ondervind, skyn die bloedsomloop vinniger en warmer in sy werk te gaan:
_geen_ honger of _koue_ hinder in hierdie towerwêreld nie...."[404] Wie
sou nou in só 'n omgewing praatjies verkoop oor honger, kou en
bloedsomloop--en nogal teenstrydige praatjies ook! "Majestueuse en
reuse-berge, ontsaglike kratermond, onpeilbare diepte, toweragtige
effek" ens.--dit is almal holle frases, wat ons gladenal nie kan ontroer
nie.
By die beskrywing van die oerwoud kom die sakboekie weer te pas. Die
"sirkelvormige bek van die onderaardse blaasbalk ('n krater) moet enorm
groot wees ..." (p. 177); ongelukkig kon _Dómine_ hom nie meet nie! Maar
die bome is 150 vt. hoog, die uitholling vir die pad 20 vt. diep en die
boomstamme lê 15 vt. dik op mekaar gestapel in 'n moerassige plek. "Een
boom was 6 vt. dik, as die vet humus van varens en struikgewas wat
daaraan kleef, meegereken word". Sulke duimstokbeskrywings kan nou
eenmaal geen "onvergetelike afdruk op die geheue" maak nie. Dit doen
_Sangiro_ wel, al meet hy sy bome nie.
Beter slaag _Dómine_ as hy die toestande en gewoontes in Suid-Amerika
beskryf. Hier val sy neiging om oor-akkuraat te wees nie so in die oog
nie. Ook die ervarings van die trekkers en hul moeilikhede in die
vreemde land het hy op lewendige wyse geteken.
VOETNOTAS:
[401] p. 85. Ek kursiveer.
[402] Vgl. o.a. p. 103 vlg.
[403] p. 173.
[404] p. 175. Ek kursiveer.
HOOFSTUK X.
Historiese Prosa.
§ 1. Inleiding.
Reeds voor die oprigting van die _Genootskap van Regte Afrikaners_ het
'n paar voorstanders van die moedertaal gewerk aan _Die Geskiedenis van
ons Land, in die Taal van ons Volk_.[405] By die verskyning van die boek
in 1877 word opgemerk: "Engelse, mar gen Hollanse Geskiedenis van ons
land bestaan daar tot nog toe. En dat ons op die Engelse Geskiedenisse
nie so mar o'eral kan afgaan nie, sal elke leser wel sien voor hy ons
boek uitgelees het." Nog lange jare het dit geduur voordat Theal en Cory
dié uitspraak in sy algemeenheid geloënstraf 't, en telkens moet ons
historisie nog optree teen 'n uitgebreide laster-kampanje. Preller het
op een van die oorsake daarvan gewys in die voorrede by die sewende druk
van _Piet Retief_ (1911), waar sprake is van "die gaotiese en primitiewe
toestand waarin ons openbare dokumente-versamelinge asnog verkeer.... As
die dokumente beskikbaar was ... dan is daar net een geskiedkundige
waarheid bestaanbaar; dié naamlik, wat stap vir stap gesteun staan op
die oorspronklike stukke."[406] 'n Stelselmatige geskiedverdraaiing
wortelende nie alleen in politieke animositeit nie, maar met voorbedagte
rade as politieke wapen gebruik--dit is een van die grootste prikkels
wat tot historiese studie aangespoor 't. Die navorsingswerk van ywerige
historisie met liefde en groot opoffering gedaan, het 'n felle lig
gewerp op ons _eeu van onreg_. Onder sulke omstandighede is dit
verstaanbaar dat naas die besadigd-wetenskaplike weerlegging ook die
bitterste verontwaardiging opgelaai het.
Die verhoogde belangstelling in ons vaderlandse geskiedenis is 'n uiting
van die groeiende volksbewussyn, want eers wanneer 'n nasie volkome
oortuig is van sy eie selfstandigheid ontwaak die begeerte om die helde
van die wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese
prosa bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet
Retief, President Steyn, Generaal De Wet en ander word die geskiedenis
van 'n hele tydperk gegroepeer.
Die historisie wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te
rehabiliteer en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te
gee kan reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar
gister verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul
aantal is veel groter dan die wat vir die volgende paragrawe in
aanmerking kom. Hier word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste
historiese werke in Afrikaans onder die Twede Beweging en 'n ondersoek
ingestel na die _letterkundige_ gehalte daarvan, 'n Bespreking van die
historiese waarde val buiten die kader van hierdie werk.[407] Dit spreek
natuurlik vanself, dat ook die dorste kroniek vir die historikus groot
waarde kan hê.
Die herstelling van die Voortrekkerskerk in Pieter-Maritzburg en die
inrigting daarvan as museum, die Vroue-monument en tallose ander
gedenktekens--dit is maar 'n paar bewyse, dat die Afrikanervolk ontwaak
tot 'n besef van die betekenis van sy nasionale verlede. Die oprigting
van die Historiese Bond in 1920 met die doel om bronne op te spoor en te
versamel, die tiende druk van Preller se _Piet Retief_ in dieselfde jaar
is ook tekens in dié rigting, terwyl op die jaarlikse Dingaansvierings
die tradiesies van die voorgeslag bestendig word.
* * * * *
='n Nuwe nasie het besit geneem van sy erfporsie en is besig om sy
geestelike onafhankelikheid uit te werk! Die Afrikaanse Bestemming is
"wyd en breed soos die Afrikaanse veld=."[408]
§ 2. Gustav Schoeman Preller.
Preller is 4 Okt. 1875 gebore op die Plaas Klipdrif, distrik Pretoria.
Sy oorgrootvader Preller was wat ons ou mense nou nog 'n "blommesoeker"
noem, d.i. natuurkundige. Hy het aan die Kaap gewoon, terwyl die
grootvader veeboer geword 't in Natal, waar sy Friese beeste die aandag
getrek 't. Komdt. Robert Preller ([oorlede] 1916), die vader van die
skrywer het na die Vrystaat verhuis en in die oorlog onder Genl. De la
Rey gedien. Hy was getroud met 'n dogter van H. Schoeman ([oorlede]
1890), wat met die Voortrek saamgekom 't en in die tyd van President
Pretorius generaal en waarnemende president geword 't.
Gustav Preller se eerste herinneringe gaan terug na 'n plaas in die
nabyheid van Standerton, Paardekop, wat destyds aan sy vader behoort 't.
Op sy vyfde jaar is hy te perd met sy vader saam na die Swasielandse
bosveld. In 1886 is hulle verhuis na Rietspruit, ook in die distrik
Standerton. Toe kort daarop hy en sy suster egter moes skoolgaan, het sy
vader die skaapboerdery opgegee en dorp toe gegaan, omdat losjies vir
die kinders nie te kry was nie. In 1891 gaan die famielie na Pretoria,
waar Gustav eers 'n rukkie in 'n Boere-winkel gewerk 't, toe op 'n
prokureurskantoor en later in staatsdiens getree 't. Voordat hy egter
sover was moes hy verskeie jare hard werk onder private onderwysers en
ook daarna het hy sy studie voortgeset. Hy was eerste klerk op die
hoofkantoor van mynwese toe die twede vryheidsoorlog uitbreek. Dié stryd
het hy meegemaak met die derde battery van die staatsartillerie tot vier
maande voor die vrede, toe die hele res van sy afdeling oorrompel en
gevangegeneem is. Na sy terugkoms uit Indië was al wat hy besit 't skoon
weg. Op versoek van Eugène Marais word hy toe redakteur van _Land en
Volk_. Voor die oorlog al het hy dikwels artiekels geskryf vir die
koerante en tydskrifte--dikwels in Engels!--o.a. in _The Moon_ en _De
Pers_. Vir _De Volkstem_ het hy gedurende enige jare al die mynnuus
gelewer en _Land en Volk_ voortgeset tot Maart 1903, toe hy subredakteur
van _De Volkstem_ word, 'n pos wat hy vandag nog beklee. Die meeste
opstelle en stories wat tussen 1905-'10 in dié krant verskyn 't as
feuilletons is van sy hand. Die bekende artiekels getietel: _Knop oor
Landsake_ is ook van hom. Hy is lid van die S.A. Akademie, van die
Historische Genootschap in Utrecht en die Maatschappij van Nederlandsche
Letterkunde. Van hom het verskyn: _Laat 't ons toch Ernst Wezen_ (1905);
_Piet Retief_ (1906); _Baanbrekers_ (1915); _Kaptein Hindon_ (1916);
_Dagboek van Louis Trigardt_ (1917); _Voortrekkermense_ I en II (1918 en
1920); _Generaal Botha_ (1920). Saam met Dr. Engelenburg het hy ook
geskryf: _Onze Krijgsofficieren_ (1903) en _De Familie Kruger_ (1904).
_Charley's Aunt_ het hy vertaal, (_Piet s'n Tante_), _Les Héritiers
Rabourdin_, (_Erfgename van Erasmus_) en _Jock of the Bushveld_ van Sir
Percy Fitzpatrick. Die voortrekkers-rolprent is onder sy leiding
opgestel. In 1919 het hy met C.J. Langenhoven geskryf: _Twee
Geskiedkundige Opstelle_. Op sy aandeel in die taalstryd en sy werk as
redakteur van _Die Brandwag_ is alreeds gewys.[409]
Sy vernaamste werksaamheid is op geskiedkundig terrein en sy navorsings
oor die Voortrekkersperiode veral verseker hom 'n plaas as baanbreker
onder die Afrikaanse historisie. "Uit 'n aantal oorspronklike historiese
dokumente, in die koerant (_De Volkstem_, 13 Des. 1905) openbaar gemaak
... is langsaam gegroei" die kloeke boekdeel _Piet Retief_, waarvan die
oplaag in 1920 al veertienduisend eksemplare bereik 't.[410] "Sedert die
tyd (1905) het daar ander werke van Preller oor die Voortrek gevolg.
Want hy set sy arbeid onvermoeid voort.... Wie op sy studeerkamer kom,
sal kan sien die reeks gekatalogiseerde lewens van Voortrekkers, soveel
moontlik met die portret of portrette van die betreffende man of vrou
daarby.... Preller leef =in=, leef =vir= daardie tyd. Die naspeur en die
bekendstel daarvan het langsamerhand sy eintlike lewenstaak geword,
sodat ons vandag oor die lengte en breedte van ons land tevergeefs sal
soek na die eweknie van Preller as kenner van die Voortrek en sy mense,
tot selfs van die kleredrag wat in die tyd gedra is."[411]
'n Hele reeks belangrike dokumente oor die Voortrek het Preller bymekaar
gemaak in
Voortrekkermense, I en II, (1918 en 1920).[412]
Daarin kom o.a. voor die herinneringe van Van Gass, J.H. Hatting, L.C.
de Klerk, Karl Trichardt, Anna Steenkamp en 'n herdruk van Erasmus Smit
se dagboek. Die laaste is oorspronklik uitgegee deur Ds. H.F. Schoon
(1896). 'n Groot gedeelte van die gegewens het Preller in sy _Piet
Retief_ verwerk. L.C. de Klerk het hy in 1908 "teruggeneem naar die
Natalse slagvelde Van die Voortrek, en dáar ter plase opgeskryf wat hy
daarvan te vertelle had" (I, p. 211). "Hier had ik een van die
Voortrekkers op die eienste grond van die Voortrek; my doel was om, as
't kon, die ander Voortrekkers _as mense_ daar te sien herleef, inplaas
van die steriotiepe "itinerant prayer-meeting", waar ander van vertel."
(id., p. 212.) Die dokumente stel ons in staat "om die Voortrekkers te
leer ken soos hulle hulself gesien het, op die trek, in die laer, op die
jag en in die huislike kring; aan hul arbeid, hul godsdiens en vermake,
in hul gewoontes en in die kleredrag van hul tyd. Buitendien verskaf 't
uitsluitsel oor tal van belangwekkende historiese gebeurtenisse" (id.,
p. 1). Die krietiese opmerkings van Preller getuig van groot
skerpsinnigheid en 'n intieme kennis van die voortrekkerperiode. In die
twee dele het hy dokumente van die grootste belang op wetenskaplike wyse
uitgegee.
Op dieselfde manier het hy ook (1917) in opdrag van die Akademie
uitgegee die
Dagboek van Louis Trigardt (1836-8).
"Vir die kennis van ons volk besit ons uit die tyd van die Voortrek geen
ander dokument wat hiermee te vergelyke is--die daaglikse aantekeninge
van 'n Afrikaner wat die grote, ja grootse in die historie volbring
sonder dit nogtans as bewuste doel voorop te stel, maar tevrede is om 't
vanself, as dominante gevolg van sy handeling voor 'n dag te laat tree
uit 'n kroniek van die kleine" (p. XI). Preller toon verder aan hoe
belangrik die _Dagboek_ is "vir ons kennis van die inboorling bevolking
van Transvaal, vir verskeie seer merkwaardige historiese uitkomste, vir
(ons) aankomende nasionale letterkunde, vir die volkekundige en ons
kennis van Suid-Afrikaanse meteorologiese toestande." (XII vlg.). Die
belangrikheid van die _Dagboek_ word seker aanmerklik verhoog deur die
voortreflike inleiding en note, asook deur die feit dat die teks op 'n
wetenskaplike wyse behandel is. Ontroering tril daar in die woorde
waarmee die resultate van Trigardt se trek beskryf word: "Die voorste
Voortrek is volbring! Dis slegs 'n Verkenning gewees vir die
Afrikaner,--van die Vryheid en die See. 'n Verkenning egter, net soos
dié van Piet Retief, wat nie vrugteloos is nie.... Hans van Rensburg se
ongelukkige trek had tot eind-bestemming die oseaan; en die 49 manne,
vroue en kinders wat daar aan die Limpopo-boorde geval het onder die
Soeloe-asgaai, was die eerste dúre offer wat die Boere Nasie gebring het
aan 'n ingeskape vryheidsdrang. Trigardt se trek en ál die mensewee, wat
uit hierdie Dagboek soos 'n seëning oor die nageslag saggies snik, was
aangeleg op éen-selfde hoë nasionale Bestemming...." (CXXVI vlg.)
Piet Retief, (1906).
Dit is Preller se hoofwerk, wat hy met jarelange ywer en groot liefde
tot stand gebring het. Alles wat van die groot Voortrekker bekend is
word meegedeel. Maar uitsluitend biografie is dit allermins. Ons kry 'n
volledige beeld van die moeilikhede op die Kaapse grens, die oorsake van
die Trek, die onderlinge verhoudings en geskille tussen die aanvoerders,
die internasionale status en grondwettelike instellings van die
Trekkers, die moeilikhede van hul togte en hul betrekkinge met die
naturelle. Die gebeurtenisse wat aanleiding gee tot Dingaan se groot
verraad word haarfyn uitgepluis en die konklusies van die skrywer se
ondersoek op helder wyse uiteengeset en gestaaf. Ook die gebeurtenisse
na Retief se moord tot aan die Bloedrivierslag word beskryf en die
betekenis van Retief se optrede bepaal.
Dit gaan uiters moeilik om objektief te staan teenoor 'n boek soos _Piet
Retief_, want die tragedie daarin uitgebeeld is op sigself al só roerend
in sy dramatiese afwikkeling en só betekenisvol vir die lot van ons
nasie, dat selfs 'n uitgedroogde kroniekskrywer sonder 'n vleugie
verbeelding nog daarin sou slaag om ons die grootsheid van die
worsteling te laat gevoel. Dit het Preller blykbaar ook besef, want hy
gee 'n onopgesmukte verhaal, in sober gehoue styl waarin die tragiese
gebeurtenisse self tot hul reg kom, sonder dat die aandag afgelei word
deur bykomstige woordfraaiigheid. Treffend is dit veral by die
hoogtepunt van die verhaal, waar in die beskrywing van die oorrompeling
deur die dansende kaffers alleen 'n joernalistieke draaitjie in die styl
hinderlik is. In 'n _Volkstem_-artiekel mag so 'n uitdrukking soos "die
welwillende leser" (p. 272, 10^de dr.) op sy plek wees--híer seker nie!
Nadat die posiesie van die _dramatis personae_ aangegee is, word die
dansbeweging mooi beskryf:
"Drieduisend pare voete kom in forse beweging om tyd te hou na 'n
wild-eentonige maatsang, wat al naarder en wilder word na gelang
Dingaan se improwisasie hul opwinding aanspoor, sodat naderhand die
nugtere aarde dril en dreun onder die neergehurkte Boere...." (p.
273). Wanneer Retief protesteer as "die bokspringende rye" teen sy
vrinde aanstort in hul lawaaierige dans, vervolg Dingaan sy
onheilspellende deuntjie: "Drink, o drink van die bier! Jul brandende
kele roep daarom! Drink soveel jul kan; want môre sal jul nie meer
drink nie." (p. 274.) Dan klink meteens temidde van die "barbaarse
orgie" die fatale sein: "_Boelàlánie abatágatie_!" Juis deur die
sobere eenvoud in die styl, die kalme weergawe van die historiese
besonderhede raak die toneel ons tot in die hart, moet dit ook iemand
van 'n ander nasie raak. Saggies huiwer die ontroering in die woorde:
"Retief ... troue, moedige Retief, regskape, opregte Afrikaner, siel
van die aankomende Afrikaner-nasie!--sy marteling moes die
onmenslikste gewees het van almal!... Met knopkieries werd hy
afgemaak--laat ons hoop vóórdat Dingaan se laaste bevel aan sy
afgebeulde liggaam voltrek was!" (p. 277.)
Hoofstuk XXIX is 'n meesterlike samevatting van Retief se optrede en die
betekenis daarvan. Hier kom Preller se forse styl meer tot sy reg, omdat
hy geen historiese dokumente hoef aan te voer nie. Met breë blik oorsien
hy die hele Trek en met simpatieke aanvoeling van die Boere-standpunt en
lewensbeskouing deel hy in helder, logiese redenering sy gevolgtrekkinge
mee. "Piet Retief het 'n nasie gestig; of, as dit histories te veel gesê
is, het hy ten minste met volkome bewustheid die grondslag gelê waarop
'n nasie ontstaan is. Hy was idealis in nasionale sin--dit is te sê, hy
het hom met die Voortrekkers, met sy volk, duidelik voor oë gestel die
nastrewing van 'n ideaal, wat insluit 'n onafhanklike ontwikkeling en
voortbestaan van dié volk as nasionale eenheid op die wêreld." (p. 345.)
Retief het "die Afrikaanse Bestemming in woorde ontwerp--wyd en breed
soos die Afrikaanse veld...." (p. 351.) "Hy is die eerste gewees wat die
gebore Afrikaner se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van
Suid-Afrika as sy "vaderland" gewaag het; terwyl die meeste ander die
land sowel as hulself nog maar beskou het as 'n volslae willose
aanhangsel van een of ander Europese ryk." (p. 350.) Hy het "deur sy
werk, sowel as deur sy dood, die Hollands-Afrikaanse Emigrant laat
begryp ... dat hy nie somar 'n op sigself rondswerwende eenling is nie,
maar deel uitmaak van 'n groot volksverband, met een belang en een
bestemming." (p. 355.)
Solank daar 'n Afrikaner is "jaloers op sy geskiedenis, jaloers op die
waaragtige waarheid daarvan" sal _Piet Retief_ gelees word, want Preller
het daarmee 'n duursame monument opgerig van die wordingstydperk van ons
nasie. Buitendien het _Piet Retief_ deur sy verskyning in 1906 'n
besonder plaas in ons letterkundige geskiedenis. Saam met _Johannes van
Wyk_, wat in dieselfde jaar in boekvorm verskyn 't is dit die eerste
prosawerk van betekenis onder die Twede Beweging.
Kaptein Hindon, (1916).
Dit is die _Oorlogsaventure van 'n Baas-Verkenner_, "'n getroue weergawe
van die middellike dagboek-aantekeninge van die krygsman self."
(Voorwoord). Maar groter waarde het Preller se bewerking: "Die
toevallige omstandigheid, dat die outeur die grootste gedeelte van
dieselfde gebeurtenisse as Hindon--al was 't ook soms op 'n
afstand,--meegemaak 't, (is) vanself bevorderlik gewees aan 'n
lewendiger opvatting by die beskrywing dan anders die geval kon gewees
't; en ... 'n gevolgelik dieper ingeleefde voorstelling." Hieraan is dit
te danke dat Preller se bewerking van die dagboek nie geword 't 'n
eentonige relaas van awonture nie, maar 'n lewendige voorstelling van
belangrike episodes uit die twede vryheidsoorlog. Daarby verloor hy
nooit die historiese verband uit die oog nie, en word al die
alleenstaande oorlogsfeite ingeskakel in die groot geheel. So word dit
'n saamhangende verhaal van die gebeurtenisse tussen 1895 en die vrede
van Vereniging. Deur 'n handige gebruik van Engelse bronne, soos die
outobiografie van Sir William Butler, geluk dit Preller om tallose
belangrike historiese feite te staaf en onverdiende laster aan die kaak
te stel. Onder ander word die opstokery van die Kaffers op oortuigende
manier bewys.
Die tallose heldefeite van Hindon en sy maats word op aanskoulike wyse
beskryf. Dit geld ook veral van die veldtog in Natal, wat met groot
uitvoerigheid geteken word. Vermaaklik is Hindon se awontuur by die huis
van die Middelburgse volksraadslid (p. 291 vlg., 2^de druk). Deur
talryke anekdotes, wat 'n helder lig werp op die toestande tydens die
stryd en die mentaliteit van albei vegtende partye word die beskrywing
van die militêre gebeurtenisse op aangename wyse afgewissel.
Hoe mooi Preller daarin slaag om sy veldslag-indrukke te verklank, blyk
o.a. uit die volgende: "Die eienaardige dubbele koe-ka knal van die
Engelse lee-metfordgewere, wat mens in die begin duidelik kon onderskei
van die dowwe mouser s'n énkele dodelike doef-slaggie, smelt nou saam in
éen gelykmatige kraakgeluid, wat soos springmielies in 'n vetpot sing
deur die laagte en teruggewerp word van die bergkante af, deurmekaar in
'n sware dreuning, waarin net die kanonne-bas naderhand oorheers. By die
skansmuurtjes zip-zip die klein koëltjes teen die klippe, en stukkies
fluit vrolik een-kanttoe, of 't skuur met so 'n snaakse sing-sangetje
skielik deur die lug oorheen, waarvan mens die dodelike vyandskap eers
merk as 't raak is, en 'n man inmekaar sak op die grond, of die fyn
blaartjes van die mimosa-boompies hier bokant afspat, op die vilthoede"
(p. 58). "Bom na bom breek briesend op hul klipskanse uitmekaar, en bars
met brullende giering bôkant hul toegewyde hoofde in nydige
moment-blitse oop, om hul inhoud oor die Boere uit te braak, soms vyf,
ses tegelyk, wat die kante van die kop omkarn in kokende kraters en 'n
onweer van skerwe en rotse opjae." (p. 125).
Baanbrekers, (1915).
Hierdie brosjure, 'n herdruk van _Brandwag_-artiekels bevat "'n
Hoofstuk uit die voorgeskiedenis van Transvaal", waarin die moord van
ag-en-twintig persone by Moorddrif in 1854 en die belegering van
Makapaansgat deur 'n strafkommando beskryf word. By dié ekspediesie was
ook Paul Kruger en besonder interessant is die waagstukke wat van hom
meegedeel word. Preller moet weer verskillende verdraaide voorstellings
weerleg. "Die dinge is verby, en die laster-kampanje het sy uitwerking
gehad. Praktiese, materiële voordeel kan 't nie meer aanbring om 't te
weerleg nie. Tog is 't tyd om, terwille van die waarheid alleen, 'n
oordeel wat op dié manier gevorm werd teen die Boere-volk, in hersiening
te neem, en inplaas van die fantasie-beelde van politieke
feuilletoniste, of die sentiments-oorweginge van 'n wekelike altruïsme,
die onweerlegbare feite alleen te laat spreek" (p. 33). Met die
optekening van so 'n "heroiese insident" het Preller ongetwyfeld nuttige
werk gedoen.
Preller en C.J. Langenhoven het saam uitgegee:
Twee Geskiedkundige Opstelle, (1919).
Eersgenoemde se opstel oor _Suid-Afrika s'n Boere-Republieke_ is 'n
bondige opsomming van die vernaamste feite uit ons geskiedenis in die
tydperk 1486-1910. In enkele pagina's word daarvan 'n handige oorsig
gegee en juis die snelle opeenvolging van die gebeurtenisse laat 'n
sterk indruk van ons "eeu van onreg" na.
Langenhoven gee _'n Paar Algemene Oorweginge omtrent
Geskiedenis-studie_. Met aanskoulike beelde toon hy aan "dat die hele
wilde natuurlewe 'n onafgebroke stryd is" (p. 114.) Een van die
vernaamste stellings in die betoog is "dat die geskiedenis 'n eindelose
ketting is van oorsake en gevolge wat nie plotseling begin en nie
plotseling afbreek nie." (p. 130.) Na 'n paar opmerkings oor die
kudde-instink word die ontwikkeling van ons volksbewussyn geskets en
daarop aangedring, dat geskiedenis-studie meer behoort te wees as 'n
ondersoek van "die blote geraamte van uitwendige datums en
gebeurtenisse" (p. 143). "In ons vurige idealistiese vaart word ons
skielik nugter geskok teen 'n feit van die guurste en nakendste
realisme" (p. 147)--ons honderd-duisend arm blanke naamlik. "Dit is 'n
baie ernstige siekte-verskynsel. Die geskiedkundige moet die diagnose
van die kwaal vind en daaruit moet ons die remedie soek" (p. 154.)
Preller beweer daarenteen in sy _Eksplanasie_: "Die diagnose is egter
die werk, nie van die Geskiedenis nie, maar van die Staat. Die
geskiedenis word eers daaruit opgebou" (p. XII). Preller wil die
statistiese metode van ondersoek op die arm-blankevraagstuk toepas.
Generaal Botha, (1920).
In hierdie brosjure het Gustav S. Preller 'n paar artiekels oor Genl.
Botha verenig. Dit is "meer brokstukke van die boustof (vir 'n
lewensbeskrywing) as dat 't aanspraak wil maak op 'n afgeronde
behandeling." (Voorwoord.) Hy deel dan verder mee dat hy op hom geneem
't "die byeenbrenge van die materiaal vir 'n uitvoeriger 'lewe' van
Suidafrika s'n grootste staatsman". Die brosjure bevat enkele
herinneringe van persone wat Genl. Botha intiem geken 't en 'n herdruk
van 'n artiekel uit _Neerlandia_ deur Dr. J.H. Kiewiet de Jonge. Daar is
meedelings oor die generaal se famielie en kindsdae, oorlogservarings,
sy politiek en huislike lewe. In kleine omvang is heel wat interessants
bymekaar gebring.
* * * * *
Vir die kennis van Preller se letterkundige opvattings is van belang een
en ander uit sy reeks artiekels: _Eerstelinge--'n Persoonlike
appresiasie van J.H.H. de Waal s'n Roman, Joh. van Wyk_. (_De Volkstem_,
18 Aug. 1906 vlg.). _Joh. van Wyk_ is volgens die artiekel "op s'n best
'n vernuftig inmekaar gewarde verhaal van 'n paar mense met hul haat,
afguns en liefde, wat s'n 'boeiendheid' ontleen aan die manier waarop
dit inmekaar geset is, aan die ontknoping en aan 'n gemaklike
verhaaltrant. Die mens-tragedie daarin blyf klein ... die romantiek is
partykeer voos, die stylmiddele gebrekkig, die psychologie hopeloos
vals." Tog kon hy die kulturele waarde van die roman insien: "Dis net
die ding wat ons nodig het om te leer lees. Al die ander sal later kom."
Maar dit is merkwaardig, dat hy van die staanspoor af sy mening sonder
doekies omdraai uit, en sy letterkundige oordeel nie deur bykomstige
omstandighede laat benewel nie. _Eerstelinge_ open die literêre kritiek
van die Twede Beweging op waardige wyse. Onder ons prosaskrywers is daar
seker weinig wat al in 1906 so 'n fors, persoonlike styl had. Wie kon
toe al iets so raak sê, soos die volgende: "Die klompie afgejakkerde
woorde ... wat 'n sukkellewe bymekaar gesweet het ...; Die hele wereld
bekyk hul van die hopie waar húl op staan; ómdat húl die hang anderkant
die bult nie kan sien nie, is die aarde pannekoek-plat op syn pilare
gegrondves." Ook met sy _Inleiding tot Jan Celliers_ in _Die Vlakte_
(1908) het Preller 'n kloek stuk prosa gelewer wat uitmunt deur fris
beeldspraak en kragtige geluid.
Vir sy taalgebruik is die volgende van belang: "Dis glad nie nodig om
voor wat hul taal-barbarisme noem ... juis so wild te wees als 'n
histeriese jong meisie voor 'n groot miskruier-gogga...." En in sy werk
is woorde soos _touchant, subiet, marsiale, parafernalië, imminente,
violente, skrupules_ ens. glad nie skaars nie.[413]
Oor dialoogkuns maak hy die volgende juiste aanmerking: "Dialoogkuns ...
is in algeval nie die nakende natuurlikheid nie; maar, gepaard aan
grondige mensekennis die neerslag van 'n skeppende verbeelding; iedere
stenograaf sou 'n mens kon verseker dat jij die grootste onsin van die
wereld sou hoor als jij presies moes neerskrijf, woord voor woord, wat
daar gesproke word...." Dan leg hy die vinger op 'n tegniese fout, wat
vandag nog deur byna àl ons verhaalskrywers gemaak word: "'n Techniese
fout wat De Waal nou en dan maak is om telkens _self_ so 'n gemoedelike
gesprekkie met sijn lesers te hou, wat totaal nie te pas kom nie." Hy
wys ook daarop dat De Waal "Adam Tas als historiese figuur ... geen reg
laat wedervaar nie."
Die volgende pleidooi vir fris beeldspraak is vandag nog net so nodig
as in 1906: "De Waal sal in sijn latere werke ... 'n groter en 'n warmer
liefde (krij) voor sijn _woord_, voor die afgebeulde, seerrug woord, wat
waarlik tog nie meer kan nie. Die sal hij bêre, en alleen gawe, ronde,
hele woorde inspan, en mooi agtermekaar, so's 'n span breed-gerugde
vaarlandse osse, wat gelijkweg beur om sijn mening te trek en te draag.
'So geseg, so gedaan' ... gaat ons perbeer opvolg, maar als 'n vorm van
uitdrukking voor éwig begrawe, en in die uitbeelding van gedagte en
gevoel gaan ons altijd soek naar die raakste woorde, en al die
verslonste ou plunjes en toiens weggooi.... Gee ons maar 'n kans; ons
gaat ons woorde navoel, en wik en weeg iedereen, sodat iedereen
naderhand weer inbom, en dreun en gons so's die ko'els van 'n pompom, in
plaats van so's 'n uitgewaaide ou stofstorm op ons neer te sak." Word
hier nie op tiepies Afrikaanse wyse die denkbeelde van die Tagtigers
weergegee nie? Dat Preller dit al _aan die begin_ van die Twede Beweging
gesê het, is merkwaardig. En dat die strewe na 'n persoonlike woordkuns
by hom erns was, blyk uit al sy prosawerk. Dit sou seker nie moeilik
wees om daarin ook pagina's aan te wys, wat nie meer as goeie
joernalistiek is nie, bladsye waarin "die afgebeulde, seerrug woord" nog
gemoor word, uitdrukkings met die haastigheid van 'n koerantskrywer
neergeklits. Maar meestal klink uit sy prosa op 'n eie stem en telkens
verras hy ons deur skoonheid van segging en mooiheid van klank.[414]
Omdat by ons nog soveel muwwe, onpersoonlike stylkuns is, so 'n oorvloed
van "verslonste ou plunjes en toiens", of anders aanstellerige
woordpraal, daarom is dit 'n ware verademing om te luister na die
harmoniese deining en wieging, wat Preller se periodes vorentoe stoot.
Hy is ten minste iemand, wat nie sommer die eerste die beste frases wat
in sy gedagte opkom afskryf nie; sy sinne maak nie die indruk van "so
gemaak en so gelaat staan" nie; hy hoor nog die taalklanke, deurvoel die
nog in hul volle betekenis.
Dat Preller historiese gegewens ook kan omwerk tot 'n aangrypende
verhaal, daarvan het hy die bewys gelewer in _Moedersmart_.[415] Op
treffend-realistiese wyse word daarin uitgebeeld die foltering van 'n
moeder, wat die sterwensgeroep van een kind moet veronagsaam om 'n ander
gesonde uit die hande van die kaffers te red. In sy historiese werk word
die moordlustige bedrywe van die kaffers op saaklike wyse meegedeel,
maar hier is dit deur plastiese tekening tot 'n roerende tragedie
gegroei.
Oor Preller se taalgebruik hoef na die genoemde bespreking van Dr. E.C.
Pienaar nie uitgewei te word nie. Op enkele minder mooie uitdrukkings
kan hier nog gewys word: "In die tyd het hy en hy alleen in breë en
diepe trekke in die kinders van Suidafrika _uitgehou_ die wye omvang van
'n selfstandige Afrikaner-nasie" (_P. R._ p. 350); "Die werke van dié
manne ... wat _verminder aan_ die nasionale onbewustheid ... (id. p.
347); "sodat honderde gesinne ... van gebrek sou moes _krepeer_" (id. p.
300); "Die Nylstroom ... wat hier breed is en ruig _bewas_ met bos en
riet; twee stamme ... van die oorspronklike ras _afgespring_
(_Baanbrekers_, p. 9, 12); "g'n kopere _bendes_ om begeestering van
buite in of uit te blaas nie" (_K. Hindon_, p. 31); "dan kan jy enige
tyd jou weg uitkry" (id. p. 293); "In die verdere loop van dieselfde
gesprek sê hy te glo, dat...." (id. p. 317); "Weinig wonder, dat baie
van hulle die voorkeur daaraan gegee het...." (_Trigardt_, LXXIII); "die
welsprekende wond in sy hofie" (_Moedersmart_).
§ 3. J.H. Malan.[416]
Boer en Barbaar, (1913).
By die twede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel. Hy
gee "die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en
verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het," soos
die ondertietel lui. Dit is "volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige
geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk" (p. IX).[417]
Malan begint met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek
breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n
kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor vee- en
wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die
Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke
onder Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die
verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook
die betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy
aan die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens
kry ons 'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die
opkoms en ondergang van die Soeloenasie, die eerste Engelse kolonie in
Natal, die moord van Retief met die daarop volgende moorde en veldtogte
en die vestiging van die Boere-republiek in Natal. As aanhangsel volg
nog 'n verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie.
Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk en die groot
aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n
hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en
belangriks opgediep uit die voortrekkersperiode. Maar tot die historisie
wat die uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk
behoort Malan nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit en die gawe om op
helder, logiese wyse die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek
by hom maar al te dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose
feite en besonderheidjies moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n
grootse tafereel vergroei, die besielende asem wat die stof van die ou
foliante wegblaas en die vergete helde in lewende lywe voor ons laat
staan--die besit Malan slegs in geringe maat. Dit help nou eenmaal nie
om net te praat van "die hartroerendste episodes" (p. 286),
"onuitwisbare tonele" (p. 299), "hartdoorborende reise" (p. 301),
"ontsettende toestande", "verbryselde manne" (p. 302), want dit is tog
maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die
toneel dan werklik "onuitwisbaar" is, teken dit dan in al sy kleure en
geure, in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat
ook óns daar iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net
daaroor praat nie. Want Malan wil meer gee as 'n gekatalogiseerde
feiteversameling of 'n wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan
die moraliseer en wys op die deugde van die voortrekkers, wat dan met
die teenswoordige sedebederf gekontrasteer word. (o.a. p. 317-8). Die
geskiedenis is vir hom "die leermeesteres des lewens" (p. 396). As die
nageslag "afdwaal van die eienskappe van welvoeglikheid, statige
fatsoenlikheid, ysterklip karakter en godsvrug van ons wegbaners", dan
raak hy op die pad wat lei "tot ondergang en vernietiging".
Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die
trekkers. Hy laat vir 'n paar bladsye die kroniekstyl met al sy feite en
syfers staan en beskryf "die laaste aand" in die ou Kaapse woning (p.
136 vlg.).[418] Hier sê hy nie: "Niemand kan sig inbeel, welke tonele
deur die brein van elkeen ... gevlieg het" (p. 285); hy is nie meer 'n
blote toeskouer op 'n distansie van 'n "onuitwisbare toneel" nie, maar
die trekker self wat afskeid neem. Omdat hy die geval werklik deurleef
het in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook die ontroering in sy woorde,
al stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke en al verdwyn die
weemoedige stemming geheel en al deur so 'n potsierlike beeld: 'n
Maanstraaltjie is "_'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers
wadend oor die menslike stipjes_...."! (p. 140). Daar is nog tallose
voorbeelde van viesie-verknoeiing, o.a.: "'n hartebranding, wat
onuitspreeklik was" (p. 275); "snoewende woordegloed" (p. 398); "Shaka
rol die golwe van kaffers oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand"
(p. 156); ens.; ook onbeholpe uitdrukkings soos: "'n diepheuse buiging"
(p. 123); "geen Britse leërmag met hulle destyds verwaande
Europees-Waterloo militêre geflikker.... (p. 348); hy "was bestemd, om
die finale verwoesting van Dingaan se kolossale mag ... te help
vernietig (p. 381); die gevolg was 'n sieklike jammerte ... wat as 'n
hitte stroom deur Europa gestroom het...." ens. (p. 49); "hy had egter
intussen 'n groot verlies van bloed wat die mensliewende, dappere
Afrikaner in 'n floute skok (p. 310). Die onbeholpenheid bereik sy
toppunt in onleesbare sinne: "Piet Retief was seker een van die
merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en besonder bekwaam
en--lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste swakhede, veral in
die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan disipline, sug
naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom." (p. 186.) "Stuart
vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet was, en na
eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. Retief in 1814
was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die veldfles van
Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in die huis van die heer
H.S. Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te sien" (p.
289). Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde sinsbou staan
by klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit letterkundige oogpunt
hoef ons seker nie te soek in 'n boek waar die argitektuur van die sinne
so 'n gaotiese warboel is nie--'n ordelose hoop klippe van alle
moontlike soorte,--agteloos op mekaar gesmyt, sonder vaste plan, sonder
sierlike lyne. Watter fyngevoelige leser sal nie struikel oor sinne soos
die volgende nie: "Ek het dadelik enige poorte van die laer laat
opemaak, skryf hy op die 23^ste Des., 1838 naar Kaapstad en verskyn in
die _Zuid-Afrikaan_...." (p. 349); "Hulle noem die raad deur 'enige
persone' te syn gekies." (p. 202); "Op die 28^ste Jan., 1837 was ... die
Kommando terug, sonder een enkele man, behalwe vier van Moroko se
Barolongs gesneuwel, verlore te hê." (p. 186); "toe Paul Kruger hem die
hand in sy stoel gesete en waarom sy kinders en kindskinders geskaard
was, druk, ..." (p. 147).
Dan is daar nog staaltjies van mislukte hoogdrawendheid soos: "Die
_Mayflower_ kwaker pelgrimvaders is nou verander in 'n weelde baaiende,
onsindelikheid en bedrog...." ens. (p. 133).
Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se
akker kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inwersie
van onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander
foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie.
Tot die anglisismes behoort o.a.: "'n warme tyd" (p. 30); "die Londen
Sending Genootskap" (p. 35); "China skoteltje" (p. 132); "Wat die
opvolging van Shaka betref, het Mbopa vir Mahlangana vals gespeel" (p.
235).
Wat ook al die streng-historiese waarde van _Boer en Barbaar_ mag wees,
dít staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die
letterkundige waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van
Malan, wat met soveel toewyding gewerk 't en daarby gewillig was "to
scorn delights, and live laborious days" vir die historikus groter
waarde het. Deur die belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as
gelees word.
§ 4. Dr. S.P.E. Boshoff.
Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is in 1891 gebore op Vaalbank, distrik
Senekal. Eers het hy in die Boland skool gegaan en later na die Grey
Kollege gekom. Na sy M.A. eksamen in 1912 het hy aan die Uniwersiteit
van Amsterdam in die Nuwe Lettere gestudeer. Met die uitbreek van die
oorlog het hy na Suid-Afrika teruggekeer en daar deelgeneem aan die
rebellie. Sy ondervindinge op kommando en in die tronk het hy beskryf in
_Vaalrivier, die Broederstroom_ (1916)[419] en _Rebellie-Sketse_ (1918).
Na die troebele is hy aangestel as professor aan die Potchefstroomse
Uniwersiteitskollege. In 1921 het hy sy studie in Amsterdam voltooi en
_cum laude_ gepromoveer tot doktor in die Nederlandse Taal en Lettere op
'n dissertasie: _Volk en Taal van Suid-Afrika_.
Hy sê self "dat hy hom nog nie en miskien nooit sal reken tot die
Afrikaanse skrywers nie. Wat hy doen is maar houthakkers- en
waterputterswerk vir ons ontluikende letterkunde" (_Die Brandwag_, Des.
1918). Hy is in die eerste plaas dan ook filoloog, en sy dissertasie is
'n monumentale werk, die vrug van jarelange arbeid. Ook uit bowegenoemde
sketse blyk sy voorliefde vir taalkundige waarneming. In samewerking met
L.J. du Plessis het hy ook uitgegee twee deeltjies _Afrikaanse
Volksliedjies_, 'n versameling van piekniek- en minne-rympies. Die
inleiding getuig van onvermoeide nasporingsywer op die gebied van
folklore. Meer as een fyn liedjie, wat in een of ander uithoek van ons
land lê en roes, sal deur die bundels algemeen bekend word.
Van Boshoff het verder nog verskyn 'n toneelstuk _Jannies, Johnnies en
Jantjies_ en 'n gewysigde bewerking van Ds. S.J. du Toit se _Magrieta
Prinsloo_. Hy is onlangs tot lid van die Leidsche Maatschappij benoem.
Vaalrivier, die Broederstroom en Rebellie-Sketse.
_Vaalrivier_ behandel veral die laaste dae van Generaal C.F. Beyers,
terwyl _Rebellie-Sketse uit my Dagboek 1914-1915_ verskillende gevegte
en ook die tronklewe beskryf. Dit is feitlik alles persoonlike
ervarings, wat die skrywer meedeel en hy doen dit op 'n aangename
verteltoon, in 'n goed versorgde styl. Hy het daar mooi in geslaag om
die taamlik eentonige militêre en topografiese meedelings af te wissel
met lewendige dialoog, waardeur ons 'n goeie kyk kry op die stemming
onder die burgers. Veral die beskrywing van die tronklewe munt uit deur
aanskoulikheid en raak humor. Mooi staaltjies van boerekwinkslae word
ook gegee en o.a. die knaende rooklus goed uitgebeeld. Daar is burgers
wat selfs van die dominee twak kry "want die predikante was prakties en
hul roltwak was gewoonlik langer as hul predikasies" (_R. S._ p. 132).
"Na die preek kon 'n mens dan ook gewoonlik 'n gelukkige roker hier en
daar onder die skare onderskei aan die blou rookwolkies om hom heen, en
aan die streep minder gelukkige broeders, wat agter hom aanstryk om tog
maar net die ruik van die rook te kry." (t.a.p., p. 133.) Daar is meer
sulke voorbeelde van goeie waarneming, wat getuig van intieme kennis van
die boere-mentaliteit. Die rake slag, waarmee sommige persone uitgebeeld
word is 'n aanduiding, dat die skrywer ook op die gebied van die roman
sukses sou hê.
Die styl word gekenmerk deur 'n besonder voorliefde vir alliterasie,
waarvan reeds die eerste sin van _Vaalrivier_ 'n voorbeeld is. In die
beeldspraak verras meer as een oorspronklike wending, b.v. "'n eensame
en blykbaar verlate woonhuis ... waarby 'n lang en nog eensamer ou
bloekomboom half staan en slaap, nes 'n reier op sy een been langs die
vlei" (_Vaalrivier_ p. 92). 'n Paar maal word _die_ as relatief gebruik
o.a. "Genl. Maritz, _die_ hy in daardie geval...." (_R. S._ p. 5).
Telkens kom _vyandige_ i.p.v. _vyandelike_ voor, b.v. "vyandige
perderuiters" (_Vaalrivier_ p. 55). Die anglisisme op p. 36 "die Jingoes
(het) my 'n vreeslike lewe gelei" moet seker op rekening van die spreker
gestel word. Die bewering, dat kuns "'n lukseartiekel" is (_R. S._ p.
122) moet blykens die verband nie _au sérieux_ geneem word nie. 'n
Voetnoot, soos die eerste op p. 24 (_Vaalrivier_) kan gerus weggelaat
word.
§5. J.A. Smith.
Johannes Anthonie Smith is gebore op Grootfontein, distrik Aberdeen in
1886. In sy jeug het hy _Ons Kleijntji_ gelees en vir Afrikaans geywer.
Toe hy byna vyftien jaar was het hy weggeloop na die Boere-kommandos en
tot die vrede geveg. Aan die Hoëre Skool in Stellenbosch het hy sy
studie voortgeset en daarna gaan boer. Die groot droogte van 1915 het
aanleiding gegee tot die keuse van 'n joernalistieke loopbaan. Eers was
hy tydelik werksaam by _De Nieuwe Tyd_, 'n Aberdeense krant en later
redakteur van _Het Westen_. Sedert 1917 is hy redakteur en bestuurder
van _Onse Courant_, Graaff-Reinet. Dit is die eerste krant wat in die
Kaapprovinsie oorgeslaan het in Afrikaans. Smith het daarin en ook
andersins aktief opgetree in die stryd om Afrikaans as voertaal erken te
kry. Die gevolg was die invoering van die Afrikaanse medium in die Hoëre
Skool op Graaff-Reinet. Hy versamel tans gegewens oor die mense en
toestande in dié distrik vóór die Groot Trek, en werk aan 'n brosjure
oor die teregstelling van Komdt. Scheepers. Van hom het verskyn: _Brit
en Boer, van Slagtersnek tot Jopie Fourie_ (1917) en _Naar Bloedrivier
en Paardekraal_ (1918)[420].
Brit en Boer.
Die skrywer gee 'n kort oorsig van die historiese gebeurtenisse van
1814 tot 1915. "By ons volk is 'n groot behoefte aan 'n kort, duidelik,
onpartydig en in Afrikaans geskrywe historieboek...." verklaar hy in sy
voorwoord. Deur gebrek aan 'n lewendige, persoonlike styl het dit egter
alleen 'n versameling van feite geword. As voorbeeld van die dikwels
gebrekkige styl en kanselagtige beeldspraak kan die volgende dien: "Hier
werd Afrikaanse lewens ontneem deur die Engelse, vir die eerste maal en
werd later nog weer herhaal.... Die diepe wond is nooit geen balsem
toegedien, maar steeds meer nuwe wonde in die boesem van die
diepgeteisterde volk geslaan." (p. 21.) Vorme, soos die volgende laat
mens twyfel of die boek wel in Afrikaans geskryf is: "Op s'n treurigs
(p. 22); Retief en de syne (p. 39); Die Regering ... het moe geword ...
en dag dit best.... (p. 64). Na veel moeite kreeg men die inwoners so
ver.... (p. 66); Goud werd gevonden" (p. 82) ens. Dan krioel dit nog van
taalkundige rariteite o.a. kalmtjes (p. 110); Men sal herinner (p. 77);
Southey het lang reeds in sy verstand gehad ... (p. 81) ('n Anglisisme);
sy bedriegelik invloed (p. 85); vermompte despotisme (p. 96); Mettertyd
het die uitlander populasie, die op sigself nie 'n presiese dreigende
gevaar was ... (p. 107); die ver-engelsen van die hele aardbol" (p. 108)
ens. As die dubbele negatief reg gebruik word is dit 'n uitsondering.
Naar Bloedrivier en Paardekraal.
Op eenvoudige wyse gee die skrywer 'n beknopte oorsig van die
gebeurtenisse, wat in verband staan met Bloedrivier en Paardekraal,
volgens sy beskouing "'n onuitputtelike bron van sede- en nasionale
lesse" (p. 11). Hy wou 'n werk lewer "wat vir die opkomende geslag
onmisbaar moet wees in verband met die hedendaagse Dingaanfees." Of die
onmisbaarheid van lange duur sal wees val te betwyfel, omdat die styl,
ofskoon beter versorg dan in _Brit en Boer_ so weinig artistiek en
dikwels onbeholpe is. "Na hierdie aanval is die laers in vier groot
laers verdeel en teruggeset en het onder die bevel van Maritz ...
gestaan" (p. 41). Daar is meer sulke voorbeelde. Die dubbele negatief
ontbreek nog telkens en uitdrukkings soos "skatte-buiters (p. 59),
verpeins (p. 82); 'n bewering te maak uit denkbeeldige inisiatiewe" (p.
70) is 'n aanduiding van gebrekkige taalbeheersing.
Nadruk word veral gelê op die verband tussen Bloedrivier en
Paardekraal: "As 'n mens Dingaansdag kan of mag vier, dan kan en _moet_
'n mens die herstelling van die onafhanklikheid in 1880 ook vier. Albei
jaartalle het dieselfde betekenis vir die volk." (p. 93.)
§ 6. Dr. J.D. du Toit (Totius).[421]
Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk, (1917).
"Een omstandigheid moet by die lees veral nie vergeet word nie. Ds.
du Toit was 'n Ismaël: sy hand was teen almal, en almal se hand was teen
hom.... By die beskrywing van sy lewenstaak was dus wysheid en tak 'n
hoofvereiste, en die skrywer wil hier die opregte versekering gee, dat
hy sy uiterste bes gedoen het om by oue gevoelighede verby te skram en
om oue wonde nie seer te maak nie. Vandaar dat deurgaans geen kritiek
geoefen en geen beoordeling van persone en gebeurtenisse gegee word nie.
Die dag daarvoor sal wel later aanbreek. Die skrywer wou volstaan met
die blote meedeling van _feite_ (soveel molik in sitaat)...."
(Voorwoord). Met dié woorde het Totius sy werk goed gekarakteriseer. Dit
is 'n feiteversameling van die grootste belang oor "'n periode van
Afrikaanse oplewing", soos die ondertietel lui. Die rangskikking van die
feite, die ordening van sy biografiese materiaal het Totius met talent
gedaan. Van alle oorde het hy met groot vlyt en nasporingsywer sy
boustowwe bymekaar gemaak. Netjies opgepak lê die stene in afsonderlike
stapels. Die fondament is ook al gelê en daarop moet die boumeester nou
vir ons 'n sierlike skepping van monumentale skoonheid oprig. Dit is 'n
taak waarvoor die digterlike seun van 'n groot vader allesins berekend
is. Maar hy deel ons mee: "Die dag daarvoor sal wel later aanbreek". Die
redene wat Totius voorlopig van 'n interpretasie van sy feite laat
afsien het, moet ongetwyfeld gebillik word, as ons onthou, dat sy vader
se hand "teen almal was, en almal se hand teen hom". Addison het in 1716
al verklaar: "The truth of it is, as the lives of great men cannot be
written with any tolerable degree of elegance or exactness within a
short space after their decease; so neither is it fit that the history
of a person who has acted among us in a public character, should appear,
until envy and friendship are laid asleep, and the prejudice both of his
antagonists and adherents be, in some degree, softened and
subdued."[422] Maar die opmerking van Samuel Johnson is nie minder juis
nie: "If a life be delayed till interest and envy are at an end, we may
hope for impartiality, but must expect little intelligence; for the
incidents which give excellence to biography are of a volatile and
evanescent kind, such as soon escape the memory, and are transmitted by
tradition."[423] Dit is juis dié soort insidente wat Totius, blykbaar
met opset verwaarloos het. "Die skrywer van hierdie reëls was toe maar
vyf jaar oud. Tog styg daar nog verskeie witte wolkies van skerpe
herinnering op bo die wegduisterende gesigseinder van kinderverlee. Die
skrywer sal daarmee die leser nie te veel lastig wees nie." (p. 243).
Doodjammer, want deur die verswyging van sy persoonlike herinneringe
ontbreek daar lewenswarmte aan die biografie. Die beeld van sy vader is
groot en imposant, maar daar is weinig _lewe_ in. Soos 'n reusagtige
silhoeët staan dit teen 'n agtergrond van die bontste verskeidenheid.
Maar Ds. Du Toit se pelgrimsreis van die wieg tot aan die graf, sy
titaniese worsteling met die lewe, die dramatiese afwikkeling van dié
geweldige stryd, die diepe kneusing van 'n groot siel wat van smaad en
hoon meer as sy volle deel gehad 't--daarvan val alleen 'n dowwe
flikkerlig op die beeld. En die indruk kom Totius self bevestig: "Van
Ds. du Toit se inwendige lewe weet ons nie veel nie" (p. 248).[424] "Ons
het tot dusver veel gesê van Ds. du Toit se _werk_ en weinig laat
deurstraal aangaande sy _persoon_. So hoort dit, want dis ons in die
eerste plaas te doen om die grote werk wat Ds. du Toit verrig het. Maar
daarom mag 'n beskrywing van sy persoon nie agterwege bly nie" (p. 378).
Die "persoonsbeskrywing" (Hoofstuk XVII) bring ons egter nie veel verder
nie. Dit bly aan die buitekant; ons mis daarin die vermoë om deur te
dring tot die innerlike psiege. Dit kan ons al weer met die skrywer se
_eie_ woorde bewys: "Nou oorgaande tot die beskrywing van Ds. du Toit se
meer inwendige lewe, _natuurlik soos dit sig naar buite geopbenbaar het_
(want "wie weet wat in de mens is dan de geest des mensen die in hem
is?") sal ons eers bespreek sy emosionele lewe." (p. 381).[425] En hier
wou Totius tog meer wees as 'n feiteversamelaar, hier wou hy ons iets
van die persoonlikheid van sy vader laat voel. "The biographer must be
more than the mere realist who can photograph facts--he must be
something of the idealist as well, for he has to create as well as to
reproduce: and we value a biography exactly in proportion as its author
has succeeded in creating for us the character of a new man or woman to
be added to our own personal acquaintance."[426] Nou lyk dit vir my of
Totius met die metode wat hy volg, soiets nie kán bereik nie. Hy
verklaar: "Nou gaan ons oor tot 'n beskrywing van Ds. du Toit se
verstand en wil. Vanself hoef dit nie so uitvoerig te wees nie. Sy ganse
lewe en werk deur ons beskrewe lê getuigenis af van die grootte van sy
verstand en die krag van sy wil." (p. 396). Dit mag nou wel waar wees,
maar so 'n bewering help ons geen druppel om die persoonlikheid van 'n
mens te begryp nie. En buitendien, het ons nie die reg om van die
biograaf 'n artistieke sintese, 'n psigologiese interpretasie te verwag
nie? Ons is nie tevrede met hier 'n raps en daar 'n raps nie, ons wil 'n
volledige beeld hê. Die skrywer vervolg: "Ook moet hier die opmerking
gemaak word dat dit ons nie te doen is om 'n strenge groepering van die
sielsfunksies nie. Ons het 'n skema gemaak wat prakties aanwendbaar is.
Bowedien is die siel van 'n mens 'n eenheid, wat sig nie uit mekaar laat
kerf nie. Op die feit wys veral die nuwere sielkunde. Vandaar dat ons
reeds die verstand en wil laat inwerk het op sommige van die beskrewe
emosies of gemoedsaandoeninge." (p. 397.) Almal netjies beredeneerd,
maar hier help al die skemas en tabelletjies van die hele wêreld jou
totaal niks! Die biograaf staan voor dieselfde probleem as die
romanskrywer: Hoe moet ek die mens laat _lewe_? En as hy dié groot
wonder reg kry, dan is dit nie omdat hy 'n knap psigoloog is nie, goed
op die hoogte van die allerlaaste emosionele _formulae_, maar enkel en
alleen omdat hy kunstenaar is. Hoe die wonder geskied weet hy miskien
self nie, en ons kan dit alleen by benadering uitrafel; maar as ons sy
boek gelees het, dan is daar nog 'n man of vrou toegevoeg by die getal
van ons intieme vriende. En in die sielkundige skema van Totius mis ek
die warme intimiteit; ek ken sy vader na meer as 450 bladsye nog nie so
goed as my eie vader of een van my vriende nie. Die "witte wolkies" van
sy herinnering, die moes hy nie laat wegwaai het nie!
Beskou ons Totius se biografie nou alleen as feiteversameling, dan is
dit inderdaad 'n handige kompilasiewerk, wat onmisbaar is vir die kennis
van ons letterkunde en geskiedenis. Hy het die outobiografie, briewe en
sitate op bekwame wyse inmekaar gevleg, sodat iedereen na bestudering
van die bewysstukke sy eie oordeel kan vorm. Daarmee het hy seker
bereik, wat hy Kuyper op die tietelblad laat sê: "Niet vergeten van onze
doden is niet genoeg. Er kan zo dikwels veel ook voor onze doden nog
gedaan worden. Om hun eer en goede naam te verdedigen tegenover
miskenning en laster.... Bitterheden weg te nemen, die als onkruid
tussen hen en hun omgeving waren opgeschoten...." Hy het as onpartydige
historikus sy vader sy eie saak laat voordra, hom uit sy werke, self tot
ons laat spreek; nou moet hy nog as _seun_ sy vader vir ons uitbeeld met
al die warmte van 'n liefdevolle kinderhart. Die voorwoord laat ons
hoop, dat "die dag daarvoor wel later (sal) aanbreek." Vir ons
letterkunde kan dit 'n blye dag word!
Die biografie bevat besonderhede oor Du Toit se jeug, sy werk as
predikant van die gemeente Noorder-Pêrel, sy stryd vir die beginsel van
Christelik Nasionale Onderwys. Die oprigting van die _Genootskap van
Regte Afrikaners_, _Die Patriot_ en ander blaaie word uitvoerig
bespreek, asook die stryd vir die Afrikaanse taal. Duidelik blyk hoe
groot die invloed van Ds. S.J. du Toit sedert 1875 was, en van hoeveel
bewegings hy die eintlike vader kan genoem word. Die oprigting van die
Afrikaner Bond, die oplewing in die Kaap-Kolonie en die aandeel van _Die
Patriot_ in die Transvaalse Vryheidsoorlog is ook breedvoerig uitgewerk.
Uit die belangrike sitate kan ons 'n helder beeld van die kulturele lewe
van dié tyd saamstel. Ds. Du Toit se werk as Superintendent van Onderwys
en polietikus in die Transvaal, sy Bybelvertaling en reise word ook
behandel. Dan volg sitate oor sy houding tydens en na die Jameson-inval.
Die verklaring van Adv. J.H.H. de Waal, soos aangehaal op bladsy 2 word
deur Ds. Du Toit se eie woorde bevestig: "Die houding deur my in
_Patriot_ en _Getuige_ ingeneem teenoor die Transvaal-regering van die
laaste tyd was egter nie populêr in die Kolonie nie, veral sedert die
Jameson-inval. Dit het gemaak dat die blaaie agteruit gegaan het." (p.
313.) Oor Du Toit se stryd teen sektes en kettery word ook meedelings
gedaan. Met 'n beskrywing van sy persoon en laaste dae sluit die boek,
waarin ook nog enige gedigte van hom afgedruk is.
Van Du Toit se veelsydige bekwaamheid, sy onvermoeide ywer vir
godsdiens, taal en nasie is op byna iedere bladsy bewyse te vind. Sy
lewensbeskrywing is meteen ook die geskiedenis van die ontwaking van die
Afrikaner bewussyn en sy aandeel daarin was ongetwyfeld belangrik.
Of ons die deur moet oopset vir woorde soos die volgende, is
twyfelagtig: leaders (o.a. p. 41); waiter (p. 283); debater (p. 350);
smoking-cap (p. 379), wasies (p. 380).
§ 7. Ds. W. Postma (1874-1921), (Dr. O'kulis).
Doppers (1918).
Dr. O'kulis verklaar in sy inleiding: "Ik het die egte ou Doppers nog
goed geken en hulle opregte nasate leef ik nog mee saam, sodat ik meen
in staat te wees om enigsins 'n suiwere portret te skilder van 'n
eienaardige groep van ons volk...." Hy het 'n ruim opvatting van die
woord Dopper. "Al die Doppers (is) nie in die Dopperkerk nie, en ... nie
alle lidmate van die Gereformeerde Kerk van S.A. (is) egte Doppers nie."
(p. 8.) "Ons profeteer dan ook beslis ... dat ons volk altyd meer terug
sal draai naar die _Backveld_, al meer Dopper sal worde, naarmate ons
nasionale selfbewustheid ontwaak en ontwikkel" (p. 15). Op kernagtige
wyse word die hele lewensbeskouing van die Dopper uiteengeset en alles
wat daarmee in stryd is afgekeur. Die oorsprong van die Doppers, hul
isolement, godsdiens en beskawing word geskets en hul beginsels met
warmte verdedig. Ten slotte word daar 'n staanplek gevra vir die Dopper
in die Afrikaanse samelewing: "Ons vra geen guns, geen medelyde, geen
beloning, geen verering nie. Ons vra net staanplek in die Boer-geledere
om saam te werk en saam te stry vir die heilige pand ons saam
toevertrou" (p. 116). In die bylae volg die opienies van ander skrywers
oor die Doppers.
Die grootste gedeelte van die boek is van godsdienstige aard en kan
buiten beskouing bly. Dat ons hier egter te doen het "met 'n faktor, wat
geweldig invloed uitgeoefen het op die kultuurlewe van ons volk" (p. 71)
is ongetwyfeld waar, en Dr. O'kulis se pleidooi vir die Doppers is 'n
belangrike bydrae op kultuur-historiese gebied. Daaruit kan ons die
Dopper se standpunt teenoor die wetenskap, die kuns, opvoeding, sport,
ens. leer ken. Die skrywer het 'n persoonlike kyk op al die probleme van
ons tyd, al is sy behandeling daarvan dan ook dikwels sketsagtig.
Kapitalisme en sosialisme kan seker nie met so 'n paar sinnetjies soos
die volgende afgemaak word nie: "Geen van bei ken soiets as 'n
lewens- of nasionale ideaal nie--hulle klim nooit hoër op as hulleself
nie. Daar is niks verhewens of opheffends in hierdie rigtings nie--dit
is net:--"Laat ons eet en drink en vrolik wees, want more sterf ons."
Ook die definiesie van modernisme is vaag en misleidend, (p. 65.)
Die Boervrou, (1918).
_Die Boervrou_, "Moeder van haar Volk" is saamgestel op versoek van die
Nasionale Helpmekaar- en Kultuur-Vereniging, Reddersburg. Die skrywer
verklaar: "Dis my doel om die lewe en dade van die Boervrou in die
geskiedenis op te spoor en voor te stel op eenvoudige en heldere wyse."
(Voorwoord).[427] Hy wil probeer om self "so min molik te sê en soveel
molik getuienis van vreemdelinge (ook vyandige), wat die mense geken het
invoer." (p. 20.) In hoofsaak is dit dan ook 'n kompilasiewerk, waarin
veral die periode van die Groot Trek en daarna uitvoerig behandel word.
Onder ander word die gedenkskrif van Anna Stenecamp afgedruk en 'n paar
krante-artiekels oor Maria Koopmans-de Wet. Daar is nog naklanke van die
_Eselskakebeen_: "Ongelukkig dat ons altyd op skool nog moet ly aan die
verouderde Engels-Turkse stelsel van afgryslike geestesmoord." (p. 104.)
"Dis nodig om die wissels van die spoor van ons Vaderlandse Geskiedenis
eers reg te sit vir ons, wat op skool deur _Cape History_ en
Jingo-laster so hopeloos verknoei is...." (p. 44.)
"Die godsdienssin van die Boervrou is die sleutel van haar hele
geskiedenis; die wat dit nie vooropstel, en gedurig voor oë hou nie, kan
haar nie begryp, haar portret nie skilder nie" (p. 66). Godsdienstige
beskouings neem dan ook 'n groot plaas in, en telkens word 'n klein
prekie ingelas (o.a. p. 160, 179). Die streng-Kalvinistiese
lewensbeskouing van die skrywer laat hom dikwels teen allerlei
maatskaplike euwels te velde trek, teen "die sonde van kinderbeperking"
(p. 157), die vrouestemreg en allerlei vreemde sedes. "Hoe geleerd en
ontwikkel ons ook al word, laat ons Boer bly. Praat van _beskaaf_--wel
ik het nergens hoër, fyner beskawing gesien as by ons egte kristen Boer
voorouers nie." (p. 109.) Hy is nie teen vooruitgang nie: "Die Boervrou
mag die kappie en die manteltjie vaarwel sê en tog haar grootmoeder in
alles gelyk bly." (p. 177.) Maar ons moet voortbou op "die hegte breë
Boerfondament" en alle "vreemde modelle" vermy. "Daar is geen hoër adel,
geen fyner beskawing, geen edeler siel as die van die Boervolk self nie.
Al wat ons daarvan afwyk, gaan ons verkeerd, breek ons onsself af,
ondermyn ons ons indiwidualiteit. Ons mog dan wat vreemds byspyker, en
daar uitlandse vernis oor smeer, maar dit sal nie hou teen die
Afrikaanse son nie.... Wat ons het is egte goud, al mag dit nog nie
gelouter en bewerk wees nie, wat ons in die vreemde naloop is
klatergoud." (p. 206.) Hier ontaard die gevoel van nasionale eiewaarde
in chauvinisme, en werk die ou isolasie-drang van die Boer, en sy afkeer
van alle vreemde beskawing nog na. Op 'n ander plaas is sprake van "die
gesonde lewenswyse en wêreldbeskouing van die Boervrou, so afkerig van
die verfynde en demoraliserende uitlandse 'beskawing'...." So voer die
groot nadruk wat op die Afrikaanse voortreflikheid gelê word en die
waarskuwing vir alles wat vreemd is tot die stelling, dat alles in
Afrika goed is en alles daarbuite sleg. Dit was seker nie die bedoeling
van die skrywer nie, maar wanneer 'n goeie beginsel te veel op die spits
gedryf word, lei dit tot bekrompenheid.
Die neiging vir allerlei moeilik verdedigbare generalisasies, wat ook in
_Doppers_ aangetoon is, blyk uit so 'n bewering: "Is die teenwoordige
oorlog nie vrug van die onvrouelikheid van die vrou van Berlyn, Parys,
Brussels, Londen?" (p. 180.)
Die portret en karakter van die Boervrou het Dr. O'kulis met liefde
geteken. Veral in die sewende en agste hoofstuk, waar die skrywer self
meer aan die woord is, kom juiste opmerkings en 'n persoonlike
uitdrukkingswyse voor. Die nuwere geskiedenis wil hy verbygaan, maar oor
die konsentrasiekampe kán hy nie swyg nie. (p. 141.) "Die geskiedenis
swyg nie, al vergeet ons ook al graag." (p. 148.) "_Dwars deur ons land
loop die bloedspoor van die Boervrou_" (p. 114). Met eerbiedige hulde
volg hy die spoor deur ons geskiedenis. Van die politieke
vroueverenigings verwag hy weinig heil. Ook die foute van die Boervrou
word beskryf. In Mevrou Marie Koopmans-de Wet "sien ons die Boervrou
soos sy ontwikkel op die hoogste sport" (p. 181.) Die bylaes bevat
hoofartiekels van die _Mediator_ oor die trekkers en oor
vaderlandsliefde, asook 'n stuk uit Preller se _Voortrekkermense_.
Tot die minder juiste uitdrukkings behoort o.a.: "'n daghelder feit"
(_Doppers_, p. 63); "die ster-rol speler in die bioskoop" (id., p. 66);
"Die meisies was ... op reken van die moeder...." (_Boervrou_, p. 59);
"oor algemeen" (id., p. 94); "meedoen met allerhande lewensdrukte" (id.,
p. 97); "geleerdheid bring in 'n groef" (id., p. 105); "om oor die
toekoms te praat en te plan (id., p. 149); "omdat men hiervoor geen oog
had" (id., p. 24); "om die verdrukte landgenote te help met tonne van
selfgemaakte en geofferde versagting" (id., p. 92). As staaltjies van
retoriese beeldspraak kan dien: "Twee feite het hulle diep in die hart
deurboor" (id., p. 118); "die hartverskeurende skouspel; die vlym nog
dieper voel" (id., p. 148).
§ 8. Thos. Blok.
Thos. Blok is in 1879 gebore. In Holland was hy 'n tydlank onderwyser en
sedert 1913 in Bloemfontein, waar hy tans hoof van die Voorbereidende
Tegniese Skool is. Hy het hom dadelik na sy vestiging in Suid-Afrika op
Afrikaans en geskiedenis toegelê. Hy streef daarna om die resultate van
sy argiefondersoek in aantreklike vorm uit te gee en bewerk veral die
periode van die Oranje Rivier Soewereiniteit. Van hom het verskyn 'n
serie leesboeke _Ons Eie Taal, Klein Jannie, Oom Willem, Hendrik Afbeen_
en _Willem Kruger_, skool- en kinderlektuur, 'n paar bundels
kinderversies en _Grensboere_ (1918).
Grensboere.
Dit is 'n verhaal uit die dae van President Hoffman, "'n inleiding tot
die geskiedenis van die (Basoeto)-oorloë." Blok wil "'n duidelike beeld
... gee van die toestande, wat geheers het, en die moeilikhede, waarmee
die Boere te stry gehad het op die grens van Basoetoland.... Behalwe die
vorm, waar die storie in verskyn, is alles suiwer geskiedenis."[428] Die
geskiedenis smoor dan ook die verhaal dood; die argieflug is te sterk.
In die begin kry ons nog iets van die mense te sien, maar ons verloor
hulle gou tussen al die historiese feite en dokumente. In 'n suiwer
historiese vorm sou Blok se werk meer voldoening gee, want die feite wat
hy meedeel is belangrik en van sy simpatieke inlewing in die
Boerekarakter getuig iedere bladsy van die boekie. Die helder,
eenvoudige styl, wat alleen op enkele plekke spore van Hollandse invloed
vertoon, maak _Grensboere_ uiters geskik vir die jeug. Hinderlike
herhaling kom voor o.a. op p. 21: skaf--skaap; op p. 57:
gekies--kiesers--kies.
§ 9. Ds. G.B.A. Gerdener.
G.B.A. Gerdener is in 1881 gebore op Wupperthal, 'n Rynlandse
sendingstasie in die Sederberge, Clanwilliam, waar sy vader, 'n Duitse
sendeling gearbei het. Sy gehele opvoeding het hy feitlik in
Stellenbosch geniet, en daar is hy ook tot predikant opgelei. Sy
teologiese studie het hy in 1922 voltooi aan die uniwersiteit in
Tübingen, waar hy die graad Dr. Phil. _cum laude_ verwerf het en hom
veral op die nuwere geskiedenis en die tydperk van die Hervorming
toegelê het. As sekretaris van die Christelike Studente-Vereniging het
hy in 1907 en 1910 groot buitenlandse reise gemaak. Gedurende 1912-17
was hy onder die Mohammedane in Kaapstad werksaam en daarna as twede
predikant op Stellenbosch. Van hom het verskyn 'n bundel gedigte: _Uit
Mijn Jonkheid_ en verskeie godsdienstige werke, alles in Hollands.
_Sarel Cilliers, Die Vader van Dingaansdag_ is egter in Afrikaans
(1919). Hy was ook redakteur van _Het Gereformeerd Maandblad_.
Sarel Cilliers.
Piet Retief word die martelaar van die Groot Trek genoem, Andries
Pretorius, die krygsman en Sarel Cilliers die profeet (p. 3). "Beter
tiepe van die diepe godsvrug en die innige vroomheid, wat in dae van
donkerheid en droefheid aan die hart van die Trekkers lig en troos
verskaf het is daar nie dan Sarel Cilliers" (p. 4). Sy kinderjare en
uittog na die noorde word beskryf, terwyl ook in vlugtige trekke die
verloop en betekenis van die beweging van 1836 geteken word. Episodes
waarin Cilliers 'n groot aandeel gehad 't, soos die slag by Vegkop en
die aflegging van die gelofte word uitvoerig behandel en op helder wyse
toegelig. Cilliers se ervarings in Natal en later in die Vrystaat, sy
rol in die kerklike lewe is op aanskoulike wyse in die laaste hoofstukke
geskets. Deur verskillende anekdotes kry ons 'n helder beeld van sy
persoonlikheid. In die slothoofstuk word sy betekenis so saamgevat: "Hy
was 'n onverskrokke baanbreker van die beskawing, 'n dapper stryder vir
vryheid, 'n edel patriot en 'n vroom Godsman" (p. 90.) Die geskiedenis
van die Dingaansfees en die beste manier om dit te vier word bespreek.
Dit was dan ook die aanleiding tot die ontstaan van die biografie (p.
4). Die aanhangsels bevat 'n joernaal en verskeie briewe van Cilliers.
"Die meeste mense van die twintigste eeu sal (Cilliers) noem 'n
onbuigsame, ouderwetse puritein" (p. 84). Deur sy verwante
lewensbeskouing kon Gerdener so 'n figuur met 'n begrypende liefde
aanvoel en hy slaag dan ook daarin om veel wat vaag was te verduidelik.
As hy ons egter vertel dat hy liewer "die sluier van vergetelheid" (p.
34) oor die onaangenaamheid tussen Cilliers en Smit wil trek, dan twyfel
ons aan sy objektiwiteit. Vir 'n geskiedkundige werk kan die
omsluieringsmetode nóg noodlottiger wees as vir 'n roman! Deur so 'n
sinnetjie bring die lewensbeskrywer homself onder die verdenking dat hy
te werk gegaan 't volgens die gesegde: _De mortuis nil nisi bene_.
Onwillekeurig vraag ons: Wat het nog meer onder "die sluier van
vergetelheid" geraak? In die aangehaalde geval is dit alleen getuigenis
uit 'n ander bron wat Gerdener tot 'n bespreking dwing. Maar die feit
dat hy dit met blykbare teësin doen, kan ons die indruk gee, dat hy
alleen 'n _lofrede_ op "die vader van Dingaansdag" wou skryf. En selfs
die vaagste sinspeling in dié rigting moet die biograaf vermy, as hy
geen agterdog wil opwek teen sy onpartydigheid nie.
Ook die volgende verklaring is 'n erkenning deur die skrywer self van
wat daar nog ontbreek in sy werk: "Ons sluit hierdie Hoofstuk "Bloed en
Trane" met die gevoel dat daar taferele in die geskiedenis is, wat
niemand kan beskrywe nie. Neem b.v. Piet Retief, bo-op die Drakensberg
met sy aangesig in die rigting van die Indiese Oseaan.... Gebeurtenisse
kan 'n mens nog beskrywe, maar sulke manne, so groot, so onsterflik: die
Martelaar, die Profeet en die Staatsman van die Grote Trek. Hier moet
die digter en die skilder ons te hulp kom!" (p. 47.) Die
kunstenaar-biograaf mag egter sy taak nie so maklik op ander skuiwe nie!
Dit spreek vanself dat iemand wat uit stowwige oorkondes en
fragmentariese oorlewerings 'n beeld van 'n mens moet opbou daarin slegs
gedeeltelik kan slaag; die tydgenoot, steunende op intieme kennis en
persoonlike omgang is daartoe veel beter in staat. Maar waar die
tydgenoot dit nagelaat het is 'n biografie soos die van _Sarel Cilliers_
vir ons van groot belang. Uit die beskikbare gegewens het Gerdener 'n
duidelike beeld van die man en sy betekenis saamgestel. By 'n twede druk
sal hy seker die onafrikaanse vorme wat daar nog in sy styl voorkom
vermy, en ook nie die piëteitlose afkorting _Maritzburg_ vir die ou
Voortrekkerstad gebruik nie (o.a. op p. 31).
§ 10. A.J. van der Walt.
Andries Jacobus van der Walt is gebore op Grootfontein, Middelburg,
K.P. Van sy tiende tot sy vyftiende jaar het hy skool gegaan op
Ratelpoort, waar hy leer hoera skree het, toe die anneksasie van
Transvaal (1877) bekend word. Maar nadat hy enige jare skool gehou 't is
hy Transvaal toe en daar het hy gou tot 'n ander oortuiging gekom. Kort
na die Jameson-inval is sy Hollandse roman _Afrikaner wees u zelf_
geskryf.[429] Gedurende die Twede Vryheidsoorlog moes hy saam met ander
die wyk neem na Delagoabaai en vandaar na Holland. In Europa het hy byna
twee jaar gebly, baie rondgereis en sy ondersoekings oor Andries Hendrik
Potgieter begin, wat nog op 'n uitgewer wag. Na sy terugkoms was hy eers
tien jaar lank by 'n versekeringsmaatskappy en toe weer onderwyser in
die distrik Potchefstroom, waar hy nog is. _Noordwaarts_, wat in 1906 al
klaar was het hy in Afrikaans omgewerk vir die _Burger_-leeskring
(1919).[430] In 1920 het ook nog verskyn _Vastrappers I_.
Noordwaarts.
In 1877 het 'n groot aantal huisgesinne die Suid-Afrikaanse Republiek
verlaat en noordwaarts getrek. Die skrywer het historiese gegewens oor
hierdie Dorsland-Trek versamel en dit as Deel II van _Noordwaarts_
uitgegee. Die verhaal van D.J. Erasmus word afgebreek deur die volgende
opmerking van Van der Walt: "En dan volg 'n hele reeks van kostelike
informasie ... wat vir 2/3 as boustof verstrek ('t) van Boek II" (p.
217). Boek II is 'n gedeelte van 'n romantiese verhaal, wat aan die
_Boustowwe_ voorafgaan. Hier het ons dus te doen met 'n onwetenskaplike
vermenging van waarheid en verdigting, wat die boek vir die historikus
vrywel waardeloos maak. Selfs op die _boustowwe_ kan ons nie reken nie:
"Die skrywer het eers gemeen, by die _omwerking en besnoeiing van die
handskrif_, om die verdwaal-episode maar agterweë te laat....[431] Nog
duideliker blyk sy werkwyse uit die volgende: "Ons moes dus by die
skrale bedeling van boustof, nadat ons ons so goed moontlik onder ons
omstandighede op hoogte van die Land- en Volkkunde van die streke
waardeur die twee van Stadens denkelik getrek het, gebring het, toe maar
verder die regte van 'n romanskrywer ons aanmatig, om so op dié manier
die leemtes enigsins aan te vul." (p. 185.) Teen 'n historiese roman oor
die Dorsland-trek bestaan daar natuurlik geen besware nie, maar die
onoordeelkundige vermenging van fantasie en waarheid in 'n boek, wat die
ondertietel _Historiese Sketse_ draag, moet ten sterkste afgekeur word.
Van der Walt het verskillende episodes uit sy boustowwe tot een verhaal
saamgeflans. Hy gee 'n reeks gekleurde historie-prente en laat op
bioskoopagtige wyse die vernaamste episodes voor ons verbytrek. In die
_uiterlike_ omstandighede van die trekkers het hy hom goed ingeleef. Hul
ontberinge en eindelose gesukkel in die dorsland word op skilderagtige
wyse geskets. "Die opeenvolging van ellendes" (p. 58), die lyding van
mens en dier in woeste oorde, die moeilikhede met die inboorlinge is op
duidelike en aanskoulike wyse voorgestel, sodat die geheel 'n treffende
rolprent van die volhardingsvermoë van die Afrikanerpioniers word. Maar
ons mis die hand van die kunstenaar wat só kan skilder, dat die figure
van die doek af na ons toe kom, met ons praat en die roersels van hul
innerlikste menssyn openbaar. Want daarvoor deins die skrywer terug.
"Ons laat maar liewer die sluier val!" (p. 112);[432] "Maar laat ons
maar liewer van Tys van Wyk, die vader en van Roelf, die liefhebbende
oom, swyg--swyg van algar se verdriet, wat elkeen op sy eie manier
getoon het...." (p. 136); "O, geen pen kan die aakligheid van die reis
beskrywe nie!" (p. 139); "Wie sal 'n vroumens se trane deurgrond?" (p.
162). So soek die skrywer altyd maar uitvlugte. Net waar hy 'n kans kry
om die dieper menslikheid te teken, getuig hy sélf van sy onmag. Hy bly
meestal die belangstellende toeskouer, wat nie die ellende self deurleef
nie, maar op 'n goeie distansie aantekeninge maak: "Laat ons, Leser,
hulle afkyk in hulle doen...." (p. 65). Die kranksinnige Mieta is "die
ware beeld van wanhoop" (p. 51) en 'n paar reëls verder weer "die beeld
van verregaande onverskilligheid". Tog het hy daarin geslaag om 'n hele
paar lewendige toneeltjies te teken, soos o.a. die dood van Joggie (p.
68 vlg.). Ook die vaste vertroue op die Voorsienigheid onder die bangste
gevare, en die stille godsvrug van die trekkers is goed weergegee.
Die gebeurtenisse deur Van der Walt beskryf was vanself al danig
romanties. Maar hy is nog nie tevrede nie! Dit word so aangedik, dat
mens jou naderhand verbeeld dat jy onder die oud-testamentiese bedeling
leef. Daarom verbaas dit ons nie dat die steenbokkie reguit in Tys se
knipmes inloop nie! (p. 144). Die meisie wat deur die kaffers ontvoer
word, ontbreek ook nie, nog minder die paartjie wat mekaar "kry".
"Leser, ons paar _het_ mekaar nou. Sal ons ook nou maar ophou?" (p.
157.) Asseblief tog neef, want ons het dit al só baie gehoor! As jy van
die verliefde paartjie nie twee lewendige _mense_ kan maak nie, wat op
hul eie manier liefhet en nie mekaar sommer "kry" en "het" nie--bly dan
maar liewer stil! Die bruilof ens.--ja kyk--soiets lees ons elke dag in
_Die Burger_ en _De Volkstem_. Ons weet presies hoe dit gebeur en daar
in die wildernis is 'n mens ook maar 'n mens! Hou tog maar liewer op!
In plaas van plastiese uitbeelding kry ons moralisasies en godsdienstige
oorpeinsings, soos by die beskrywing van Sarie Swarts se lotgevalle. Hoe
sterk die moraliserende tendens is blyk duidelik uit
Vastrappers I.
In die voorwoord al staan 'n heftige tirade teen allerlei "onruswekkende
verskynsels". Daartoe behoort: "die prysgewing van ons jeug aan die
Rugby-Moloch, ... die goddelose Rugby-gedoente" (p. 7); "die gruwelike
en gevaarlike sigarette-draak, gemengde baaiery, die Malthusiaanse
euwel" ens. Ook in die teks kom sulke uitvalle voor. Van der Walt het
seker die volste reg om vir sy lewensbeskouing propaganda te maak, maar
in 'n historiese werk kom sulke sedeprekery nie te pas nie.
Die eerste afdeling van _Vastrappers_ bestaan uit sitate van "wat ander
mense so ongeveer van Boer geskryf het." Waarom ons dit eers moet lees,
is nie duidelik nie. Dan volg: "Die Historie van seker vier
Potgietergeslagtes", 'n reeks "oorspronklike famielieverhale", wat "so
orgineel moontlik" afgedruk word. Hy hoop dat "veral Jong S.A. se oë
meer mag oopgaan om die egte goud van ons skone Verlede te onderskei van
baie namaaksels en klatergoud van ons tye." (p. 37.) Die derde afdeling
"Baanbrekers en Vastrappers" is 'n soort sedekundige verhandeling om aan
te toon, dat daar "'n goue streep van Kalvinisme deur heel ons
Vaderlandse Geskiedenis (lê)" (p. 200). Afdeling IV dra 'n uit
taalkundige oogpunt onjuiste tietel: "Uit vanmelewe ou Potchefstroom se
dae". Dit is 'n herdruk van 'n artiekel uit _Het Westen_ van 1908, met
'n naskrif van 1919 waarin gedeeltes uit ou Potchefstroomse krante
afgedruk word. III en IV is albei "_onvoltooide_ sketse". "Omstandighede
het ons belet om al die informasie behoorlik te verwerk soos dit eintlik
behoort. Dit het gekom deels omdat ons nog nie klaar het met ons
histories ondersoek" (p. 211). Met dié woorde veroordeel die skrywer sy
eie werk. Die wanordelike allegaartjie wat hy ons aanbied, met sy
doolhof van inleidings, aanhangsels, naskrifte, note en
bymekaargeskraapte sitate is 'n duidelike bewys dat naas liefde vir die
voorgeslag 'n deeglike, wetenskaplike voorbereiding onmisbaar is. As
_Vastrappers I_ enige waarde het, dan moet dit gesoek word in die
Potgieterverhale, wat die grootste gedeelte van die boek beslaan. Die
beoordeling daarvan kan egter aan die historisie oorgelaat word.
In _Noordwaarts_ skryf Van der Walt 'n gemaklik-vloeiende taal, wat
egter weinig persoonliks het. Die invloed van die Hollandse skool van
vóór '80 blyk nie alleen uit sy "bewerkte" sitate van Ten Kate nie, maar
ook uit beeldspraak soos: "'n vlym deur sy siel" (p. 152). Hinderlik is
die gebruik van "geword" (p. 60), en die verkeerde sinstelling: "Sy het
vooroorgeval, en het haar liggaam 'n skok gekry" (p. 90). In
_Vastrappers_[433] is die styl minder versorgd. Daar kom voor o.a.: "Die
Barbaar gevaar" (p. 202); "verhaalde" (p. 232); "Soiets sou wel meer
konsekwent, ... en op tot datum (up to date) gewees het, as al die
onnasionale _dus_ egoïsme in die hand werkende voetbal-gedoe." (p.
215.)[434].
§ 11. Senator G.G. Munnik.
Kronieke van Noordelike Transvaal, (1920).
In die eerste hoofstukke word die nedersetting van blanke onder
Generaal Hendrik Potgieter in Soutpansberg beskryf. Dan volg 'n
uiteensetting van die moeilikhede met die talryke kafferstamme en die
gebeurtenisse wat gelei 't tot die belegering van Makapaan in sy
grotte.[435] Ook die politieke kibbelarye tussen verskillende
Transvaalse leiers en die toestande op die goudvelde word geskets. Uit
die lewe van die goudsoekers en jagters vertel die skrywer interessante
voorvalle. Sy ondervindings as mynkommissaris en landdros lewer die stof
vir meer as een vermaaklike anekdote, wat op lewendige toon vertel word.
Ons kry ook 'n goeie kyk op die verhouding tussen die regering, die
amptenare en die burgers. Die skrywer slaag daar goed in om ons 'n
kleurige beeld te gee van die lewe van die baanbrekers in die noorde,
die wisselvallighede van hul swerwersbestaan, hul moed en uithou-vermoë.
Veel beter as deur 'n lang betoog word die toestande geskets met 'n
voorval soos die volgende: "Uit die getuienis blyk ..., dat elkeen van
twee vyandige gemeentes die kerk, 'n sinkgebou, eis. Daarop breek die
wakkerste gemeente die kerk, die van hout en yster was, af, en karwei
dit weg op bokwaens, voordat hulle teenpartyders daar iets van wis" (p.
69). Ook die talryke Kruger-anekdotes word op aangename wyse vertel.
Sonder dat dit aanspraak kan maak op groot letterkundige verdienste is
die herinneringe van Senator Munnik ongetwyfeld 'n aantreklike boek,
waarin die algemeen-menslike kant van 'n so goed as onbekende historiese
tydperk mooi belig word. Sulke bydraes kan ook vir die geskiedkundige
navorser van groot belang wees en die skrywe van soortgelyke
herinneringe verdien navolging. Van Oud-Pres. F.W. Reitz het in
verskillende tydskrifte ook sulke memoires gestaan, wat behoorlik
bygewerk 'n interessante bundeltjie oor die ou dae kan word.
Volgens 'n meedeling het Munnik sy werk nie oorspronklik in Afrikaans
geskrywe nie. Sy taal en styl laat nog heelwat te wense oor. Hy gebruik
_die_ as relatief; daar is 'n klompie anglisismes o.a. raar (Eng. rare)
(p. 21); "om vir verlore kanse op te maak" (p. 72); "hy was ook gemeng
met die affêres...." (p. 82). Die woordskikking is telkens verkeerd
b.v.: "Met die _vooruitsig_ (anglisisme) van 'n Hooglander het hy hom 'n
massa kruit saamgebring en het dit die Republikeinse Goewernement
aangeneem...." (p. 53).
§ 12. Ds. J.D. Kestell.
Ds. Kestell is 15 Des. 1854 gebore op Pieter-Maritzburg. In sy jeug is
hy persoonlik met verskeie Voortrekkers in aanraking gewees. Hy vertel:
"Sarel Cilliers het ek gesien in die huis van my vader, en later op sy
eie plaas, Doringkloof. J.N. Boshoff het ek as kind op Pieter-Maritzburg
geken. Marthinus Oosthuijse het ek dikwels ontmoet, en uit sy eie mond
die geskiedenis van die Trek gehoor. Daniel Bezuidenhout het my self
verhaal wat sy wedervaringe was."[436] Na sy teologiese opleiding op
Stellenbosch het hy 'n jaar lank gestudeer aan die Utrechtse
uniwersiteit. As predikant het hy gestaan op Kimberley, Harrismith,
Ficksburg en Bloemfontein. Daarna was hy redakteur van _De Kerkbode_ en
op die oomblik is hy rektor van die Grey-Uniwersiteits-Kollege.
Sy eerste geskrif was 'n toneelstuk oor Slagtersnek, _The Struggle for
Freedom_. In sy studiejare het hy ook 'n Engelse roman oor dieselfde
onderwerp geskryf. "Onse Jan" het dit vir _Het Z.A. Tijdschrift_
vertaal. _Uit het Afrikaansche Boerenleven_ (1897) is 'n bundel
dorpsnovelles.[437] _De Voortrekkers_ of _Het Dagboek van Izak van der
Merwe_ (1898) is in samewerking met Nico Hofmeyr geskryf, _Johanna
Cloete_ in 1899. Gedurende die Twede Vryheidsoorlog het Ds. Kestell
Pres. Steyn en Genl. De Wet vergesel op hul togte en die stryd meegemaak
tot die bitter einde toe. Na die vrede het verskyn: _Met de
Boerencommando's_ of Mijn Ervaringen als Veldprediker en _De
Vredesonderhandelingen tusschen Boer en Brit_ (1909), die laaste in
samewerking met D.E. van Velden.
Sy skoonvader se biografie het Ds. Kestell in 1911 uitgegee onder die
tietel _Het Leven van Prof. N.J. Hofmeyr_, die van _Christiaan de Wet_
in 1920.[438]
_Die Voortrekkers_ (1920) is 'n omwerking van 'n reeks voorlesings op
Kimberley gegee. Ds. Kestell is lid van die S.A. Akademie, die _Leidsche
Maatschappij_ en die _Historische Genootschap_ van Utrecht. Op kerklike
en nasionale gebied is hy een van die volksleiers. Volgens die redakteur
van _Die Brandwag_ is hy "in baie opsigte vir ons die verpersoonliking
van die beste wat daar in ons Afrikaanse volk woon."[439] Aan die
redakteur het hy ook vertel "hoe dit hom spyt, dat hy in die ou dae nie
deelgeneem het aan die stryd vir die regte vir Afrikaans nie." Hy is nou
besig om al sy verhale in Afrikaans te vertaal.
Die Voortrekkers.
Dit is "'n kort geskiedverhaal", waarin die oorsake en die vernaamste
gebeurtenisse in verband met die Groot Trek tot op 16 Desember 1838
beknop en helder uiteengeset word; 'n handige boekie vir iedereen wat
die groot gang van die emigrasiebeweging wil begryp, sonder om daarvan
eintlik 'n studie te maak. Van Gardiner en Owen word gesê: "Maar so
bitter vyandig teen die Boere was hulle ook nie, dat hulle 'n barbaarse
opperhoof kon aanhits tot 'n gruwelike bloedbad." (p. 76). Die bewyse
vir die stelling ontbreek egter.
"Ek vertrou dat wat aan my werk iets wat op sigself staan sal gee is,
dat ek persoonlik met eminente Voortrekkers in aanraking is gewees." (p.
VI.) Gedeeltelik is dit waar, maar daar is tog geen figuur, wat so
geteken is nie, dat ons na die lesing van die boekie voel, dat ook ons
in persoonlike aanraking met 'n Voortrekker gewees is. Kestell mis die
plastiese gawe wat vir so 'n uitbeelding nodig is. Hy verseker ons
trouens self, dat dit onmoontlik is. "_Onbeskryflik_[440] was die
aandoening in (Retief se) siel, toe hy staar op die land wat daar aan sy
voet lê: Natal, met sy golwende berge en dale" (p. 60). Ook die
beskrywing van Retief se eerste blik op Natal toon duidelik, dat Kestell
geen woordkunstenaar is nie, wat deur die mag van sy skilderende woord
'n beeld kan laat lewe nie. "In die jonge groen van die vroeë lente was
alles gedos.... Oral sien hy die veld _met_ 'n ryke oorvloed bedek
_met_[441] blomme van allerhande vorm en kleur en geur...." (p. 60). Ook
die moord van Retief is "onbeskryflik" (p. 76), en in die
Bloedrivierslag beleef die Trekkers "onbeskryflike ure" (p. 101). Of
anders is die tonele weer "ontsettend, hartverskeurend" (p. 86),
retoriese skrikmaak-frases, wat geen ontroering wek nie. In die eerste
hoofstuk (§ 6) het ons al gesien, dat Kestell van die Hollandse kuns van
na 1880 niks wil weet nie en in sy werk kom dan ook versteende
beeldspraak soos die volgende voor: "onuitwisbar(e) littekens in die
hart ... gebrand" (p. 8); "'n golf van onuitspreeklike smart" (_C. de
Wet_, p. 64).
Die taal van _Die Voortrekkers_ is erg onafrikaans. Die dubbele
ontkenning word selde reg gebruik; _die_ as relatief, _hem_ en vorme
soos die volgende is storend: Het is nie swaar ... (p. 15); die droewig
pad (p. 103); Hulle het nie beter op die hoogte kon gewees het nie (p.
1);[442] geontbied (p. 71). Onbeholpe is die volgende: Dingaan (het) in
sy stad in druk gesprek gesit praat met twee van sy vernaamste kapiteins
(p. 78); Toe die dag breek kon dit beter gesien word om sig te verdedig.
(p. 82.)
Christiaan de Wet.
In die eerste hoofstukke word 'n oorsig gegee van sy jeug en die
moeilike jare wat op sy huwelik gevolg het. Op lewendige wyse word sy
aandeel in die Transvaalse Vryheidsoorlog meegedeel. Nadat hy 'n tydlank
veldkornet en volksraadslid gewees 't in die Transvaal, keer hy terug
Vrystaat toe, waar hy ook gou op politieke gebied optree. "Sy breë kyk
op sake" word veral geroem. Dan volg 'n historiese oorsig van die
gebeurtenisse wat aanleiding gee tot die Twede Vryheidsoorlog. De Wet
gaan op kommando as gewone burger, maar word gou veggeneraal en na die
oorgawe van Cronjé hoofkommandant. Met gebruikmaking van De Wet se
oorlogsboek gee Kestell dan 'n oorsig van die vernaamste
krygsgebeurtenisse. Die besoek van die Boere-generaals aan Europa word
beskryf en ook Mevr. De Wet se ondervindings gedurende die oorlog. Onder
die verantwoordelike bestuur word De Wet minister van landbou.
Die gebeurtenisse na 1914 is breedvoerig behandel. Hier gee die skrywer
nie alleen 'n relaas van die uiterlike feite nie, maar hy toon duidelik
aan wat daar in die siel van die generaal omgegaan 't en hoe sy besluit
om te rebelleer geryp 't. Die laaste gedeelte van die biografie is die
bes geslaagde, omdat ons daar werklik in aanraking kom met 'n
persoonlikheid. De Wet se laaste veldtog, sy verhoor en gevangenislewe
word op gevoelvolle wyse beskryf. Met verskeie historiese bylaes sluit
die boek.
Op die gebrek aan sielkundige analiese maak die skrywer ons 'n enkele
maal self weer opmerksaam: "Geen woorde kan beskryf wat daar op die
oomblik deur die siel van C. de Wet gaan nie" (p. 84).[443] Die
plastiese skildering is meestal geslaag, ofskoon die gemeenplaatse soms
hinderlik word: "Daar kom generaal De Wet aangery van die voorpunt, en
hy roep die burgers bymekaar. Hy bly sit op sy perd, en die burgers kom
voor hom staan. Hy is woedend kwaad. Hy byt op sy tande. Deur sy tande
kom die woorde sissend ... Daarna word hy kalmer, en eindelik haal hy sy
hoed af. "Kom ons bid", sê hy. Wat 'n gebed was dit uit die mond van dié
man, daar op die perd! Dit roer elkeen tot op die bodem van sy wese.
Elkeen voel dat die hare op sy hoof rys...." (p. 68-9). Meer as een
lewendige kommando-toneeltjie is treffend deur juiste tekening. Die
begin van hoofstuk XIII is daarvan 'n mooi voorbeeld. Ook uit die
generaal se jeug het die skrywer heelwat voorvalle opgeteken wat ons 'n
goeie insig in sy persoonlikheid gee. De Wet se eie meedelings is op
aangename wyse verwerk en munt uit deur aanskoulike voorstelling.
Kestell het gesegdes van hom opgeteken, wat 'n kosbare bydrae is tot ons
kennis van die groot heldefiguur, terwyl die na-oorlogse periode van sy
loopbaan op treffende wyse verduidelik is.
Vergeleke met _Die Voortrekkers_ is die meeste on-Afrikaanse wendings
uit die styl verdwyn. Slegs selde stuit mens op 'n sin wat minder goed
in mekaargeset is, soos die volgende: "As hierdie manifes nou gelees
word, dan tref dit dadelik dat daarin uitdrukkinge voorkom soos dié nie
sou verwag word as uit die pen van Beyers te gevloei het nie, maar wat
dikwels van die lippe van De Wet geval het" (p. 202).[444]
§ 13. Dr. N.J. van der Merwe.
Hy is gebore in 1888 op Senekal, O.V.S. Aan die Grey-Kollege het hy in
1907 gegradueer met honneurs in moderne tale. Twee jaar lank was hy
onderwyser in Fauresmith en daarna het hy teologie studeer aan die
Stellenbosse Kweekskool, waar hy in 1911 ook die B.D. eksamen afgelê
het. In 1914 was hy reisende sekretaris vir die C.S.V. en daarna
predikant op Wepener. Sy teologiese studie het hy voortgeset aan die
Vrye Uniwersiteit op Amsterdam, waar hy in 1921 gepromoveer het op 'n
dissertasie _Die Sosiale Prediking van Jesus Christus_. Op die oomblik
is hy predikant op Theunissen O.V.S. Hy is in 1916 gehuud met 'n dogter
van President Steyn. Sy skoonvader se lewensbeskrywing _Marthinus
Theunis Steyn_ het in 1921 verskyn in twee dele.
Marthinus Theunis Steyn.
Die skrywer van 'n politieke biografie staan voor 'n groot moeilikheid
wat deur Winston Churchill goed aangedui is in sy voorwoord by die lewe
van _Lord Randolph Churchill_. "The style and ideas of the writer must
throughout be subordinated to the necessity of embracing in the text
those documentary proofs upon which the story depends. Letters,
memoranda, and extracts from speeches, which inevitably and rightly
interrupt the sequence of his narrative, must be pieced together upon
some consistent and harmonius plan. It is not by the soft touches of a
picture, but in hard mosaic or tessellated pavement, that a man's life
and fortunes must be presented in all their reality and romance. I have
thought it my duty, so far as possible, to assemble once and for all the
whole body of historical evidence required for the understanding of Lord
Randolph Churchill's career." Op dieselfde manier het Van der Merwe te
werk gegaan. Die grootste gedeelte van sy biografie bestaan uit
historiese dokumente, waaronder 'n uitgebreide diktaat van Pres. Steyn,
briewe, redevoerings en offisiële stukke. Tereg verklaar hy dan ook in
sy voorwoord: "Met die volle bewussyn dat daar in die voorliggende werk
_dikwels eenvoudig boustof gelewer word_ waar die leser miskien 'n gebou
sou verwag, dog met die oortuiging dat dit onder die huidige
omstandighede voorbarig sou wees om meer te doen...."[445]
John Morley het voor dieselfde probleem gestaan in sy _Life of William
Ewart Gladstone_: "Where the subject is a man who was four times at the
head of the government--no phantom, but dictator--and who held this
office of first minister for a longer time than any other statesman in
the reign of the Queen, how can we tell the story of his works and days
without reference, and ample reference, to the course of events over
whose unrolling he presided, and out of which he made history?...
Assuredly I am not presumptuous enough to suppose that this difficulty
of fixing the precise scale between history and biography has been
successfully overcome by me. It may be that Hercules himself would have
succeeded little better."[446]
Selfs by 'n gewone lewensbeskrywing het die biograaf al 'n moeilike
taak. Hy moet 'n verslag gee van die uiterlike wederwaardighede van die
persoon; maar hy moet ook sy intellektuele en geestelike groeiproses
teken en die gestadige wisselwerking tussen die twee nooit uit die oog
verloor nie. Is die onderwerp van die lewensbeskrywing so 'n
buitengewone persoon soos Pres. Steyn, wat gedurende die periode
1896-1916 feitlik aan die hoof van die hele volk gestaan 't, dan word
dit nog noodsaaklik om die geskiedenis van die nasie ook te vertel. Op
die manier loop die biograaf gevaar om die eenheid van sy werk te
verstoor, presies soos die skilder van 'n groot veldslag, wat probeer om
àl die soldate van weerskante op sy doek in te druk. Die verstandige
biograaf sal soveel moontlik aan die historikus oorlaat en dit het Van
der Merwe dan ook meestal gedoen o.a. met die twede Vryheidsoorlog en
die vredesonderhandelinge. Sulke gebeurtenisse behoort tot die terrein
van die historikus. "To make some roughly effective summary of (such)
doings, in the way of epitome or extract, will be all that can fairly
come within the province of biography"[447]
Edmund Gosse het verklaar, dat dit 'n groot fout is om, wat genoem word
_Life and Times_ van 'n mens te probeer beskryf. "History deals with
fragments of the vast roll of events; it must always begin abruptly and
close in the middle of affairs; it must always deal, impartially, with a
vast number of persons. Biography is a study sharply defined by two
definite events, birth and death. It fills its canvas with one figure,
and other characters, however great in themselves, must always be
subsidiary to the central hero."[448]
Per slot van rekening bly dit 'n moeilikheid wat iedere biograaf op sy
eie manier moet oplos. Dit verdien in elk geval die noukeurige oorweging
van ons toekomstige lewensbeskrywers. Die lewensbeskrywing van Pres.
Steyn sou m.i. aan eenheid gewin het, as daar 'n skeiding gemaak was
tussen die historiese en biografiese gegewens. Die diktaat van die
president, sy redevoerings en die offisiële dokumente kan gemaklik as
historiese aanhangsel gegee word. Omdat dit alles in die teks van die
biografie geskuif word, verloor ons telkens die persoonlikheid van die
president uit die oog. By die behandeling van die Hertzog-kriesis (II,
Hoofstuk XII), en die Rebellie (II, Hoofstuk XIII) is dit veral die
geval. Hier word die lewensbeskrywing feitlik 'n offisiële blou-boek, 'n
bronnepublikasie. Maar dit is dan ook van dié gebeurtenisse waarvan die
skrywer in sy voorwoord sê: "Die rook trek nog uit meer as een brand ...
en daarom word hier 'n poging aangewend om so objektief moontlik te
wees; om die _ipsissima verba_ van die verskillende persone wat op die
toneel verskyn, letterlik weer te gee; en om alle kommentaar wat aan
partygevoel kan toegeskrywe word, te vermy." (I, p. 11.) Waar dit sulke
delikate kwessies geld, sou dit seker onbillik wees om nou al van die
skrywer 'n samevattende oordeel te verwag. Maar as die rook eendag
weggetrek 't is dit sy plig as biograaf om ons te laat voel wat daar in
die siel van die groot staatsman omgegaan het in die tyd. Dan sal sy
boek waarlik 'n _lewens_beskrywing word, want ten spyte van die
moeilikheid waarop Churchill sinspeel, bly dit tog waar dat 'n
versameling briewe, dokumente en redevoerings nog geen biografie uitmaak
nie, al word dit ook hoe netjies gerangskik. Die volgende bewering bevat
ongetwyfeld veel wat juis is: "A correspondence worth preserving should
be preserved apart. What the true biographer has to do with it is to use
it. The more he can extract of its purport; the more he can absorb of
its spirit; the better will be his book. The more he thrusts it in
bodily--how admirable so ever in itself--the more will his book be a
thing of shreds and patches. To depict worthily and enduringly any human
life really deserving to be depicted, is a task which was never yet
achieved without a strain on all the faculty the writer could upgather
for the occasion. That fact should suffice, one imagines, to convince a
man that letter-copying can go but a little way. Any penman can
transcribe letters--or without even inking his fingers--can put them
together, scissors-and-paste fashion, much quicker than any printer can
put them into type."[449]
Van der Merwe het dikwels die skêr-en-lympot-metode toegepas, soms uit
noodsaak, soos in die laaste gedeelte van sy werk, maar gelukkig het hy
ons ook nader gebring tot die mens in Pres. Steyn. In die eerste ses
hoofstukke slaag hy daar uitstekend in om 'n duidelike beeld te gee van
Steyn as kind, boereseun, student, regsgeleerde en staatshoof. Met groot
liefde het hy alle beskikbare gegewens so verwerk, dat selfs iemand wat
die president nooit geken 't nie, die man vlak voor hom sien staan. Hier
spreek die biografie nie alleen tot ons verstand nie, maar ook tot ons
hart; hier is die warm tinteling van 'n aanraking tussen mens en mens,
die intiem-gesellige sfeer en nie alleen die bloot serimoniële
"kennismaking" tussen wildvreemdes nie.
Alleen teen een opmerking het ons 'n bedenking: "Talryke staaltjies
word vertel van Steyn se jowiale natuur as student en sy hartlike
verkeer met sy Nederlandse vriende. Dit is egter nie nodig om die leser
met hierdie studentegrappies langer op te hou nie. Die lewe van elke
gesonde en vrolike student, soos Steyn was, is daar vol van" (I, p. 36).
Dit kan ons alleen betreur, want Plutarchus merk tereg op in sy
_Alexander_: [Greek: Oute tais epiphanestatais praxesi pantôs enesti
dêlôsis aretês ê kakias alla pragma brachy pollakis, kai rhêma, kai
paidia tis emphasin êthous epoiêsen mallon ê machai myrionekroi,
parataxeis hai megistai, kai poliorkia poleôn].[450] Samuel Johnson het
ook 'n juiste opmerking gemaak. Sommige biograwe, sê hy, "rarely afford
any other account than might be collected from public papers, but
imagine themselves writing a life, when they exhibit a chronological
series of actions or preferments; and have so little regard to the
manners or behaviour of their heroes, that _more knowledge may be gained
of a man's real character by a short conversation with one of his
servants, than from a formal and studied narrative begun with his
pedigree and ended with his funeral_."[451] Wanneer die skrywer sy
boustof omwerk tot 'n gebou, verdien die gekursiveerde woorde seker
nader oorweging.
In die volgende hoofstukke word die onderhandelinge, wat gelei 't tot
die nouer vereniging van die twee republieke beskryf. Dan volg die
diktaat van President Steyn waarin die staatkundige gebeurtenisse vanaf
1896-1899 uiteengeset word. Vervolgens gee die skrywer 'n
gedokumenteerde verslag van die onderhandelinge wat aan die
oorlogsverklaring voorafgegaan 't. "Die tak, geduld sowel as
staatsmansbeleid en beslistheid van die Vrystaatse President word
daardeur duidelik geopenbaar" (I, p. 235). "Hoewel hy ook lank reeds aan
vrede gewanhoop het, was hy egter beslis om nie na die wapen te gryp nie
voor hy met 'n rein gewete sy volk kon verseker dat elke moontlike
middel te baat geneem was om die onheil af te keer" (I, p. 246). Die
President se houding blyk duidelik uit sy antwoord aan 'n paar offisiere
wat gesê 't: "Laat ons maar veg": "Ek stem nie toe tot oorlog 'n minuut
voor dit nie anders kan nie, maar weet dit, as ek die dag sê "Oorlog",
dan moet julle nie met my van vrede kom praat nie. Dan moet dit gaan tot
die bitter einde" (I, p. 273). Manlike woorde van een, wat ook met dade
bewys 't, dat hy tot die grootste van die _Bittereinders_ behoort! Hoe
graag sou ons meer wil weet van die "sieleworsteling" daar in die
eensame veld, op 'n stille sabbatsmore, 8 Oktober 1899--net voor die
versending van die ultimatum. (I, p. 275.) Maar dit is een van die
dramatiese momente wat die biograaf net vir ons aanstip. Wanneer Steyn,
gebroke in die liggaam, maar onverwinlik in die gees afskeid neem van sy
getroue by Vereniging, dan sê Van der Merwe ook: "Geen pen kan dit ooit
beskryf nie" (II, p. 51). En as die sterke man, gedeeltelik herstel
terugkeer na sy geannekseerde vaderland, dan roep die skrywer weer uit:
"Wat dié middag deur die hart van die Vrystaters by Kaalspruit-stasie
(naby Onzerust) gegaan het, sal geen pen ooit beskrywe nie" (II, p.
148). Maar sulke verklarings help ons nie om die tragiek van Steyn en sy
volk se lyding te begryp nie. Hier moet die kunstenaar-biograaf deur die
skoonheid van sy beeldende woord, deur die innigheid van sy weergawe ons
ontroer, hier kan hy nie volstaan met 'n blote vermelding van feite nie!
In die twede deel word Steyn as "die siel van die vryheidstryd" geteken.
"Om sy ware grootheid te leer ken, moes 'n mens hom egter in sy
daaglikse handel en wandel onder sy offisiere en burgers sien" (II, p.
34). Hier word Van der Merwe in waarheid weer _lewens_-beskrywer, want
uit die kommando-anekdotes leer ons Steyn as mens veel beter ken as uit
sy offisiële depêches. Sou "die half-barbaarse gesegdes van Ruiter" (II,
p. 37) wat ons weerhou word, "uit vrees dat die leser wat Ruiter nie
geken het nie" dit "wat ru en plat sal vind", sou dit nie die realiteit
van die skildering verhoog 't nie? Hier geld Plutarchus en Johnson se
opmerkings weer.
In die volgende hoofstuk is die president weer self aan die woord en
vertel hy van die "poginge tot vrede". Mev. Steyn se oorlogservarings en
haar ontmoeting met die president na die vrede, hulle vertrek na Europa
om herstel van gesondheid te soek word dan beskryf. Onder die
geneeskundige behandeling van prof. Winkler kom die langsame herwinning
van lewenskragte en eindelik keer die volksheld weer tot sy vaderland
terug. Die beskrywing van die lewe op Onzerust is goed geslaag, en op
treffende wyse word Steyn, as "volksiener en raadsman" geteken. Sy
bemoeiings om selfregering en die vereniging van die verskillende state
te verkry is die onderwerp van die volgende hoofstukke. Wanneer die
politieke verdeeldheid na die totstandkoming van die Unie begint, is
Pres. Steyn weer die raadsman van al die leiers. "Die enigste plek waar
al die partye so nou en dan in die gesonde lug van vertroue kom asem
skep het, was daardie boerplasie op die vlaktes van Kaalspruit. Almal
het daar hulle hart kom lug. Niemand het tevergeefs na Onzerust gekom
nie. Soos 'n vader innig besorg oor dreigende onenigheid onder sy
kinders, het President Steyn alles in sy vermoë gedoen om vrede en
eenheid te bewaar" (II, p. 242).
Die onderhandelinge tydens die Hertzogkriesis en die rebellie word _in
extenso_ afgedruk. Daar is ook 'n uiteensetting van die president self
oor sy houding tydens laasgenoemde gebeurtenis. In die slothoofstuk word
die laaste dae van die president, sy begrafnis en die roudienste
beskryf.
In sy voorwoord het die skrywer die hoop uitgedruk, dat sy arbeid "iets
sal bydra om die inspirasie van president Steyn se lewe vir die Volk te
bewaar en lig te werp op 'n seer belangrike deel van ons
volksgeskiedenis...." (p. VII). Dié doel sal hy ongetwyfeld bereik, nie
alleen omdat sy stof van soveel nasionale belang is nie, maar ook omdat
sy lewensbeskrywing uitmunt deur 'n helder, goedversorgde styl.
§ 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg.
Moedersmart en Kinderleed, (1921).
"Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos
hierdie in verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die
nageslagte bewaard bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige
skrywers wat ernstige werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se
geaardheid noukeurig sal bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord,
en daarmee het hy die waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster
het agtien maande in die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings
op ongekunstelde wyse, sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so
reg uit haar hart oor die dae van bitter swaarkry en ons luister met
ontroerde gemoed.... In algemene trekke ken ons die lydensgeskiedenis
van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe
soos die van Mevr. Boshoff wat daar 'n inniger lewe aan sal gee vir die
nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek gestel
't, en dis 'n voorbeeld wat navolging verdien, want daar gaat nog meer
as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis
nie mag verlore gaan nie.
Die twede gedeelte van _Moedersmart en Kinderleed_ bevat "herinneringe
uit die laaste oorlog", o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur
drank", wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte.
"Alles hierin meegedeel is die _waarheid_ en niks minder dan die
_waarheid_," verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die
meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige
kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy
dit gedra 't.
VOETNOTAS:
[405] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: _De Eerste Afr.-Taalbeweging_^1, p. 18
vlg.
[406] t.a.p., p. VII (10de druk).
[407] Vgl. Hoofstuk I, § 9.
[408] _Piet Retief_, p. 351.
[409] Vgl. Hoofstuk II en III.
[410] Voorwoord, 7de druk.
[411] _Die Brandwag_, Des. 1918.
[412] In 1922 het _Voortrekkermense_ III verskyn. Dit bevat dertien
geskiedkundige dokumente.
[413] Oor die taal van Preller kan vergelyk word: Dr. E.C. Pienaar,
_Taal en Poësie_^2, (p. 146-151).
[414] Vgl. b.v. die aangehaalde voorbeelde uit _Kaptein Hindon_.
[415] Oorspronklik verskyn in die _Jaarboek van Het Westen_(1909), later
in _Die Burger-Nuwejaarsnommer_ (1922).
[416] In Hoofstuk V, § 17, is 'n lewensskets al gegee.
[417] So staan die saamgestelde woorde deur die hele boek los van
mekaar.
[418] Hiermee moet vergelyk word 'n soortgelyke toneel van F. Lion
Cachet.
[419] Sitate volgens 2de druk (1917).
[420] Gedeeltelik ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[421] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: _Taal en
Poësie_^2 ens., p. 256 vlg.
[422] _Freeholder_, No. 35.
[423] _Rambler_, No. 60.
[424] So 'n bewering is beslis onjuis, as ons onthou dat die _tietels_
van Ds. S.J. du Toit se boeke sewe paginas in beslag neem! (p. 426-432).
Daaruit moet tog 'n volkome beeld van die man se inwendige lewe op te
diep wees.
[425] Ek kursiveer.
[426] Rev. Thomas Davidson: _Chambers's Encyclopaedia_ in die artiekel
"Biography".
[427] 'n Werk van dieselfde geaardheid het onlangs verskyn: _Die
Afrikaanse Vrou_, "'n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in die
Geskiedenis van S.A. gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en 1918"
deur Eric Stockenström.
[428] Voorberig.
[429] Vgl. Dr. G. Besselaar: _Z.A. in de Letterkunde_, p. 80.
[430] Lewensskets ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918.
[431] p. 228. Ek kursiveer.
[432] Vgl. ook p. 130.
[433] Die tipografiese uitvoering van die boek laat veel te wense oor.
[434] Ek kursiveer.
[435] Ook deur Preller in _Baanbrekers_ beskryf.
[436] Voorberig, _Die Voortrekkers_^2.
[437] Oor Kestell se Hollandse werk kan vergelyk word Dr. G. Besselaar:
_Z.A. in de Letterkunde_.
[438] In 1922 het die twede uitgebreide druk van _Christiaan de Wet_
verskyn, te laat egter om hier nog bespreek te word. Die sitate is
volgens die eerste druk.
[439] Des. 1918.
[440] Kursivering van my.
[441] Kursivering van my.
[442] Vgl. hiermee: "Hulle was te ver vooruit, anders het hy 'n grote
voorraad ammuniesie kan opgelaai het wat op die trein was." (_C. de
Wet_, p. 82.)
[443] Vgl. ook p. 61, 143.
[444] Vgl. ook op p. 215 die sin wat so begint: "Hierop het Smuts aan
hom meegedeel...."
[445] p. VII. Ek kursiveer.
[446] t.a.p. vol. I, p. 1-2.
[447] Vgl. Edwards and Hole: _A Handbook to the Literature of General
Biography_, p. 13-22.
[448] _Encyclopaedia Britannica_, in die artiekel: Biography.
[449] Edwards and Hole, t.a.p., p. 24-5.
[450] Gesiteer deur James Boswell in sy _Life of Samuel Johnson_. Hy gee
daarby die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it always in the
most distinguished achievements that men's virtues or vices may be best
discerned; but very often an action of small note, a short saying, or a
jest, shall distinguish a person's real character more than the greatest
sieges, or the most important battles." Uitgawe Napier, I, p. 6.
[451] _Rambler_, No. 60.
NAAMREGISTER.
Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier
opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met
kursiewe syfers aangedui.
A.
Aschenborn, Hans Anton, 269
B.
Beyers, Generaal C.J., 292.
Bezuidenhout, Daniel, 313.
Biel, A. du, 58, _200-205_.
Blok, Thos., 304-305
Boonzaaier, 121.
Booysen, C.M., 205.
Boshoff, J.N., 313.
Boshoff-Liebenberg, Mevr. Lenie, 324.
Boshoff, Dr. S.P.E., 292-293.
Bosman, Sadie, 225-228.
Brink, Melt, 2, 3, 197.
Bruggen, J. van, 21, 23, 46, 47, _161-176_.
Bruggen, J.R.L. van (Kleinjan), 47, 58.
Brümmer, Ds. N.J., 14, 29, 32, 33, 43, 44.
C.
Cachet, Prof. Jan Lion, 231.
Cillié, Dr. G., 12.
Cillié, Hettie, 46-53.
Celliers, Prof. J.F.E., 5, 7, 10, 11, 12, 15, 17, 22, 31, 47, _48-53_,
194, 207, 228, 285, 324.
Conradie, Ds., 27.
D.
D'Arbez, Sien Oordt, J.F. van.
Dómine, Sien Jacobs, A.J.
Dugteren, C.J.L. Ruysch van, 55.
E.
Engela, J.G., 135-136.
Engelbrecht, J.F., 55.
Engelenburg, Dr. 277.
Erasmus, D.J., 308.
Euvrard, Chris. C, 158-159.
F.
Fagan, Adv. H.A., 36, 57, _181-183_.
Fanie, Oom, Sien Malan, J.H.
Fouché, Dr. Leo, 105.
Fourie, Chris, 185.
G.
Gass, Van, 278.
Gerdener, Ds. G.B.A., 305-307.
Gieljam, Stoffel, Sien Langenhoven.
Goldblatt, Sarah, 182.
H.
Hatting, J.H., 278.
Heerden, Ds. J.P. van, 11.
Heerden, Mevr. Iz. van (Tannie van die Brandwag), 46.
Heerden, Iz. van, (Vaalswaer), 54.
Heever, Adv. F. v.d., 60.
Hermanus, 59.
Hertzog, Genl., 6, 101.
Hoffman, Pres., 304.
Hofmeyr, J.H. (Onze Jan), 41, 313.
Hofmeyr, Marjorie, 182.
Hoogenhout, C.P., 209.
J.
Jacobs, A.J. Dómine, 270-273.
Jansen-Pellissier, Mevr. M., 46, _205-209_.
Jeppe, Carl, 55.
Jordaan, G., 261.
K.
Kamp, Prof. J., 18.
Keet, Prof. B.B., 36.
Kestell, Ds. J.D., 17, _313-317_.
Kleinjan, Sien Van Bruggen, J.R.L.
Klerk, L.C., de 278.
Koopmans-de Wet, Mevr. Maria, 41, 302.
Kruger, Ds. J.H., 219-225.
Kruger, Pres., 7, 23, 283.
L.
Langenhoven, Adv. C.J., 21, 24, 37, 38, 39, 40, _136-140_, _239-248_,
_249-259_, 277, _284_.
Linde, M., 58.
Leipoldt, Dr. C. Louis, 34, 58, _259-261_.
Lombaard, H.S. 291.
Lub, J., 21, _133-135_.
M.
Malan, Dr. D.F., 13, 31.
Malan, Essie, 182.
Malan, J.H., 21, 159, 160, _209-219_, _288-291_.
Marais, Adv. Eugène, N., 47, 48, 60, 276.
Marais, Prof. I.J., 16, 17.
Maré, Léon, 23, 46, _188-197_.
Maré, Steph, 55.
Marius, 45.
Malherbe, Dr. D.F., 43, 60, 94, _141-158_.
Malherbe, Mevr. K., 60.
Malherbe, Dr. W.M.R., 33, 45, 206.
Maritz, Genl., 53, 293.
Merwe, Dr. N.J. van der, 317-324.
Meurant, L.H., 1.
Mimmie, Nig., 54.
Moorrees, Prof. A., 17.
Muir, Dr., 177.
Muller, Dr. T.B., _34-36_, 176.
Munnik, Senator G.G., 311-313.
N.
Neelsie, Sagmoedige,--Sien Langenhoven.
O.
O'Kulis, Dr.,--Sien Postma, Ds. Willem
Oldendorf, Helene, 182, 183.
Oordt, J.F. van, 55.
Oosthuyse, Marthinus, 313.
Otto, G.J., 207, _228-229_.
P.
Pannevis, A., 1.
Pienaar, A.A., (Sangiro), 23, 58, _262-269_, 293.
Pienaar, Dr. E.C., 11, 29, 42, 57, 128, 137, 141, 287.
Pierneef, 184.
Plessis, L.J. du, 292.
Postma, Rikie, 58, 182.
Postma, Ds. Willem (Dr. O'Kulis), _231-233_, _300-304_.
Preller, G.S., 5, 21, 24, 30, 31, 37, 42, 45, 46, 47, 137, 274, 275,
_276-288_.
Pretorius, President, 276.
R.
Reitz, Pres. F.W., 2, 312.
Reitz, Joubert, _159-161_, 210.
Rey, Genl. de la, 276.
Roubaix, E. de, 45, 46, _53-54_.
Roux, Frina, 184.
Rozenburg, Jan van, Sien Waal, Adv. de
Reenen, Reenen J. van, 11, 23, 59, _183-188_, _234-239_.
S.
Sangiro, Sien Pienaar, A.A.
Schoon, Ds. H.F., 278.
Schumann, T., 182.
Slypsteen, _230_.
Smit, Erasmus, 278.
Smith, J.A., 294-295.
Smith, Prof. J.J., 1, 2, 15, 34, 36, 40, 55, 57, 176, 205.
Smuts, Generaal Jan, 65, 100.
Steenkamp, Anna, 278.
Steyn, Dr. H.J., 11, 15.
Steyn, President, 275, 313.
Steytler, Ds. A.I., 40.
Swart, C.R., 182.
T.
Tannie van die Brandwag, Sien Mevr. Iz. van Heerden.
Theunissen, N.H., 59, 182.
Toit, D.P. du, 24, _197-199_.
Toit, Ds. S.J. du, 1, 2, 41, 197, 292, 297, 298, 300.
Toit, Dr. J.D. du, (Totius), 16, 231, 232, _296-300_.
Tomlinson, G.C., 36, 176-180.
Totius, Sien Toit, J.D. du,
Trichardt, Karl, 279.
V.
Vaalswaer, Sien Iz. van Heerden.
Velden, D. van, 313.
Veritas, 182.
Viljoen, Dr. W.J., 210.
Villiers, F.E. de, 182.
W.
Waal, Adv. J.H.H. de, 21, 24, 29, 30, 41, 42, 43, 47, _100-133_, 230,
285, 286, 300.
Walt, A.J. van der, 307-311.
Wessels. D.W., 182.
Wet, Generaal De, 313.
Wet. Mevr. De, 316.
Wielligh, G.R. von, 28, _62-99_, 182, 183.
Wijk, Eugène C. van, 182.
Wolla, 229.
Z.
Zinn, Christian, 140-141.
STELLINGE.
I.
Die aandeel van GUSTAV PRELLER in die Twede Afrikaanse Beweging word
deur Dr. E.C. PIENAAR in sy dissertasie oorskat.
II.
By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die
uitpluisery van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot
'n begrip van skoonheid.
III.
"Wanneer de schaduw valt, en dat het sterflijck Dal
Snachts vleughelen bespreet, zoo slaept den grooten Al,
De Son, in Thetis schoot, ..."
_Pascha_, (739-41)
Verklaar met DIFEREE, dat de schaduw des nachts de aarde met vleugelen
bespreidt en dat "den grooten Al" de zon is die 't alles verlicht, en
niet 't heelal zoals VAN LENNEP en UNGER menen.
IV.
In het geding tussen Dr. LEENDERTZ en Dr. STERCK of EUSEBIA, aan wie
VONDELS _Peter en Pauwels_ werd opgedragen, ANNA VAN DEN VONDEL of MARIA
TESSELSCHADE ROEMERS zou zijn, heeft Dr. STERCK gelijk.
V.
De bewering van JOHN MIDDLETON MURRY, dat JAMES BOSWELL een absolute
pionier op het pad der biografie was, is onjuist.
VI.
De mening van Dr. THEAL, dat JAN VAN RIEBEECK uit lage stand in
Kompanjiesdienst is opgeklommen kan niet als juist worden aanvaard.
VII.
"In sommige van sy liedjies en in 'n heel enkele reël ook, is daar
onmiskenbare bewys van ware poëtiese gevoel en digterlike uitdrukking.
Al wat mankeer is die handskaaf en die sandpapier." (Adv. E.N. MARAIS in
_Die Brandwag_, Maart 1920.) So 'n bewering is in stryd met die wese van
alle egte poësie.
VIII.
Gemeenskapskuns behoort nie as algemene leuse voorgeskryf te word nie.
Transcriber's notes:
Gesperrt indicated by =
Date of death character transcribed as [oorlede] in text version.
Superscripted text indicated by ^
Ons Kleintji standardised from Ons Klyntji, and Ons Klintji
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
|
Uit ou Reisbeskrywinge: Dagverhale en ander letterkundige bronne oor die Kaap | Blommaert, W. | 0 | 0 | af | [
"LCSH=Cape of Good Hope (South Africa) -- Description and travel",
"LCSH=Cape of Good Hope (South Africa) -- History -- Sources",
"LCC=DT"
] | [
""
] | 2021-11-15 00:00:00 | 56 | The Project Gutenberg eBook of Uit ou Reisbeskrywinge: Dagverhale en ander letterkundige bronne oor die Kaap
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Uit ou Reisbeskrywinge: Dagverhale en ander letterkundige bronne oor die Kaap
Author: W. Blommaert
S. F. N. Gie
Release date: November 15, 2021 [eBook #66742]
Language: Afrikaans, Dutch
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK UIT OU REISBESKRYWINGE: DAGVERHALE EN ANDER LETTERKUNDIGE BRONNE OOR DIE KAAP ***
Uit ou Reisbeskrywinge,
DAGVERHALE
EN ANDER LETTERKUNDIGE BRONNE
OOR DIE KAAP.
BESORG DEUR
Dr. W. BLOMMAERT en Dr. S. F. N. GIE
(Professore in die Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.)
Gedruk en Uitgegee deur die Nasionale Pers, Beperk, Kaapstad,
Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1922.
VOORWOORD.
Die doel van hierdie uitgawe is om dele van die Suid-Afrikaanse
Geskiedenis in ’n meer direkte en aanskoulike vorm aan skole en die
algemene lesende publiek te gee. Ons meen dat dit in ’n groot behoefte
sal help voorsien. Of die behoefte ook assulks gevoel word, sal nog
moet blyk. Dit is in elk geval waar dat wie die Geskiedenis regtig wil
geniet en met vrug beoefen, met die ou oorspronklike geskrifte moet
kennismaak; want in hulle lewe waarlik die gees van vervloë tye, en
deur hulle word die verlede vir ons werklikheid. Om die leser meer in
die gees van die tyd te laat kom, het ons trouens nie geaarsel nie om
die originele Hollandse tekste onveranderd te laat of ’n ou Hollandse
vertaling te reproduseer waar die oorspronklike geskrif in ’n vreemde
taal opgestel was. In party gevalle, b.v. die Portugese tekste, was dit
nie moontlik nie, omdat daarvan alleen gebrekkige en onvolledige
Hollandse vertalings bestaan. Ons het hulle dan ook in Afrikaans
oorgesit.
Al die stukke het reeds in druk of herdruk verskyn, maar in werke wat
seldsaam geword het of in versamelings wat vir die gewone leser, ver
van biblioteke verwyderd, moeilik toeganklik is. Uit uitgawes soos b.v.
Reizen in Zuid-Afrika van dr. E. C. Godée-Molsbergen, wat eers kort
gelede verskyn het en nog in die handel is, het ons met opset niks
oorgeneem nie. Ons wens egter met nadruk op hierdie werk en ander
publikasies van die Linschoten-Vereniging die aandag te vestig en hulle
vir lees en studie aan te beveel. Ook kan hier herinner word aan die
Records van Theal, wat maar alte dikwels ongebruik in ons openbare
biblioteke lê, onder ’n laag van stof.
Die feit dat die Burgerleeskring hom veral tot die algemene lesende
publiek wend, het ons genoodsaak om meer van die suiwer anekdotiese en
awontuurlike element in te bring as ons anders miskien sou gedaan het.
Verder het ons egter veral aan die kultuurhistoriese waarde van die
uittreksels gedink; en in die inleidings, wat aan elke skrywer
voorafgaan, probeer ons om die betekenis en belang van die stukke
duidelik te maak. Ons hoop dan ook dat hierdie uitgawe sy weg ook na
die skole sal vind. Die kundige onderwyser sal dit met vrug as
historiese leesboek in die hoogste klas of klasse van die Primêre Skool
en in die Sekundêre Skool kan invoer, en ons sal graag verneem welke
ondervinding die onderwyswêreld daarmee opdoen. Party mense sal miskien
dink dat sommige stukke vir skoollektuur te moeilik is. Ons meen egter
dat as die onderwyser sulke stukke self goed voorlees en die kinders
die teks in hulle boeke laat volg, hy verwonder sal wees oor die gemak
waarmee hulle sewentiende-eeuse Nederlands sal verstaan. Dit is te hope
dat die tyd van vaste leerplanne en hoofdelike inspeksie, wat tot die
kou en herkou van een klasboek lei, aan die verbygaan is, en dat
onderwysers ook nou die geleentheid sal hê om interessante bronne of
stukke daaruit met die leerlinge te lees. Die ontwikkeling van die
laaste tyd gaan gelukkig in die rigting van meer vryheid wat dit
betref, en ons vertrou dat onderwysers ’n ruim gebruik van die vryheid
sal maak. Die lees van ou geskrifte sal lewe en besieling in die
historiese onderwys bring.
Hierdie boek omvat die eerste periode van ons geskiedenis tot die begin
van die agtiende eeu. As dit blyk dat daar navraag voor bestaan, sal
nog meer deeltjies oor ander tydperke volg. Stof is daar natuurlik
genoeg voor.
W. Blommaert.
S. F. N. Gie.
Uniwersiteit van Stellenbosch,
Februarie 1922.
INHOUD.
Bladsy
Die Dood van Francisco d’Almeida 1
Verhaal van die Skipbreuk van die groot galjoen Sint
Johannes by die Land van Natal in die jaar 1552 15
Monomotapa en Ofir 35
Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten 49
Die Eerste Nederlandse Vloot aan die Suid-Afrikaanse Kus 71
Uit die Dagverhaal van Jan van Riebeeck 83
Uit P. de Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken” 103
Die Heldemoed van Jochem Willemszoon 117
Die Rampspoedige Reis van die Gouden Buys 129
Uit Peter Kolbe se „Beschryving van de Kaap de Goede Hoop” 171
’n Leeu-Awontuur uit Starrenburg se Joernaal 191
DIE DOOD VAN FRANCISCO D’ALMEIDA.
INLEIDING.
Op 1 Maart 1510 het die Portugese onderkoning, Francisco d’ Almeida,
wat met ’n vloot op die terugreis na Portugal was, met ’n vyftigtal van
sy aansienlikste manne op die strand van die Tafelbaai in ’n geveg met
die Hottentotte gesneuwel. Hy was ’n belangrike persoon en kan naas
Vasco da Gama en Alfonso d’Albuquerque genoem word as een van die
stigters van die Portugese koloniale ryk in Indië. In die groot seeslag
voor Diu in 1509 het hy die Mohamedaanse seemag in die Ooste
verpletter; en sy beroemde opvolger, d’Albuquerque, kon toe van hierdie
verswakking van die vyand gebruik maak en deur die besetting van die
belangrikste strategiese punte ’n vaste basis aan die Portugese mag in
Indië gee.
Dit spreek vanself dat die dood van die onderkoning groot opskudding in
Portugal verwek het; en die gebeurtenis word deur verskillende
beriggewers breedvoerig vermeld. Die beskrywinge is, wat besonderhede
betref, taamlik uiteenlopend; en hierin word miskien weerspieël die
toestand van totale verwarring en magteloosheid waarin die Portugese
gedurende die geveg verkeer het. Die beskrywing wat hier volg, is dié
van Joano de Barros (1496–1570), die grootste Portugese historikus van
daardie tyd. Theal het uittreksels uit sy Asia in Records of S.E.
Africa, VI, blss. 1 vv., afgedruk en vertaal. Die leser word daarheen
verwys—veral na blss. 298 vv. In II, blss. 45 vv., is die beskrywing
van Correa; in V, blss. 399 vv., dié van De Castanheda; en in III,
blss. 134 vv., dié van De Goes. ’n Vergelyking van die verskillende
berigte met mekaar openbaar groot afwykinge.
DIE DOOD VAN FRANCISCO D’ALMEIDA.
In Mosambiek het [die onderkoning] vier-en-twintig dae vertoef, want ’n
lekkasie in die Belem moes reggemaak word. Van daar het hy sy reis
voortgesit, en met gunstige weer het hy om die Kaap die Goeie Hoop
geseil. Asof die end van die reis reeds bereik was [1], roep hy toe
uit: „God sy geloof! Nou is dit duidelik dat die towenaars van Cochin
leuenaars is!” Die rede hiervoor was ’n voorspelling van sommige in
Indië dat hy nie die Kaap sou omseil nie, en hierdie voorspelling het
volgens gerug sy oorsprong by die towenaars van dié land gehad.
Daar hulle water nodig gehad het en die Aguada de Saldanha [2], waarvan
ons reeds geskrywe het en waar skepe water kon inneem, naby die Kaap
was, het hy aan die stuurmanne bevel gegee om hom daarheen te bring. Om
nou die manskappe ’n bietjie ontspanning te verskaf ná die eentonigheid
van die see, het hy sommige wat met die watervate aan land gegaan het,
toegelaat om met die neërs, wat op die strand hulle verskyning gemaak
het sodra die skepe geanker was, handel te drywe. Die neërs het
heeltemal eie geword met ons mense en vee aan hulle verruil vir stukke
yster en doek, wat hulle hoog waardeer; en ’n paar van ons kêrels het
toe verder verlof gekry om met die inboorlinge na hulle dorpe toe te
gaan byna ’n uur van daar. Op hierdie ekspediesie het die neërs van
party messe gesteel en ook ander dinge, waarin hulle sin gehad het. Om
hierdie brutaliteit te wreek het een van die kêrels, Gonçalo, ’n
diensbode van die onderkoning, twee van die neërs met hom saamgevoer
onder die voorwensel dat hulle van die goed moes dra wat hy gekoop het;
maar hulle was huiwerig om saam te kom, want hulle was agterdogtig en
het gevrees dat sy bedoeling nie suiwer was nie. Toe wou hy hulle met
geweld dwing, maar hulle gooi die goed neer en het hom so toegetakel
dat hy met stukkende tande en ’n gesig vol bloed voor die onderkoning
verskyn het.
By die onderkoning was toe juis verskillende persone wie se diensbodes
dieselfde mishandeling van die neërs ondervind het, veral een met die
naam Fernando Carrasco, ’n bediende van Jorge de Mello; en hulle was so
kwaad dat hulle die onderkoning beweeg het om die neërs in hulle dorp
te gaan straf. Hy het ingewillig, nie so seer omdat hy self kwaad was
nie, maar om die adellike here te bevredig, ofskoon sommige van hulle
teen die aanval was, soos b.v. dom Lourenço de Brito, Jorge de Mello en
Martin Coelho.
Die dorpe was ’n bietjie verder op as die plek waar die skepe geanker
was, en die volgende dag, om die afstand te voet te verkort, het die
bote dus met omtrent ’n honderd-en-vyftig man, die fleur van die hele
geselskap, langs die kus tot digby die dorpe gevaar. Hulle het daar aan
wal gestap; en die onderkoning het aan sy skipper, Diogo d’Unhos, bevel
gegee om daar in die skuite te wag en nie van die plek af weg te gaan
nie. Dit wil waarlik skyn asof sy gees hom voorspel het in welke
verskriklike nood hulle na die skuite sou uitsien, en asof die
bedruktheid waarmee hy die onderneming begin het, ’n voorteken van sy
laaste uur was; want ná sy inwilliging aan die versoek van die
edelliede wat hom aangespoor het, was al sy woorde en dade soos dié van
iemand wat die dood verwag. Toe hy b.v. uit die skip in die boot klim,
sê hy, om te wys dat hy teen sy sin gaan: „Waarheen neem julle my
sestig jare?”
Later toe hulle langs die strand loop, sê hy daar is sand in sy skoene,
en hy vra vir Joano Gonçalves, sy lyfbediende, om hulle uit te trek; en
toe Joano Gonçalves die een teen die ander klop om die sand uit te
slaan, maak hy die opmerking: „As dom Joano de Menezes nog gelewe het
en jou daardie skoene teen mekaar hoor slaan het, sou hy g’n stap
verder gegaan het nie, al was dit ook in ’n slag wat grootliks tot sy
eer sou strek; maar daar ek meer in God glo as in sulke illusies, sal
ek my reis voortsit.” Hy het hier gesinspeel op ’n feit wat algemeen in
die koninkryk bekend is, nl. dat dom Joano de Menezes aan twee slegte
voortekens geglo het: die klop van twee skoene teen mekaar, en dat
Dinsdag ’n ongelukkige dag was. Die verklaring hiervan is as volg: dom
Joano was hooflyfwag van die prins dom Alfonso toe hy by Santarem van
sy perd geval het en aan die gevolge oorlede is; en terwyl hulle twee
naas mekaar op die wal van die Taag by Alfange ry, begin ’n knaap wat
in die Taag geswem het, sy skoene teen mekaar te klop om die sand uit
te kry, en net toe val die prins van sy perd; en dit was op ’n Dinsdag.
Dus, as gevolg van hierdie ongeluk het dom Joano altyd aan die twee
slegte voortekens geglo, en dit was so alom bekend in die koninkryk dat
toe hy in Arsilla [3] en later in Asamor[3] kaptein was, die inwoners
seker was dat hy niks op ’n Dinsdag of as hy twee skoene teen mekaar
hoor slaan, sou onderneem nie.
Hiervan was hulle so oortuig dat toe dom Joano in Arsilla ’n aanval op
’n paar dorpe wou maak ... en die inwoners, omdat dit winter was en
baie gereent het, nie graag wou saamgaan nie, vier van hulle ’n plan
gemaak het en ’n jongkêrel gekry het om by die poort van die stad
skoene teen mekaar te klop nes dom Joano daardeur ry, want hulle wou
hom so keer. Maar dom Joano het deur die plan gesien, en hy het geweet
dat die kêreltjie van ’n man kom wat in ’n neerlaag ’n goeie gebruik
van sy bene kon maak.
Hy roep hom dus toe: „Loop sê vir jou baas dat sy straf vir wat jy nou
doen, alleen sal wees dat hy sal moet saamkom; en op hierdie tog sal sy
bene vir hom van meer nut wees as daardie skoene.” Daarop ry hy toe
welgemoed verder; en die lis het hy geduie as ’n voorspelling van die
oorwinning, wat hy inderdaad behaal het.
Die onderkoning daarenteen het nie van die skoengeklop ’n grap gemaak
nie, en met teësin en in ’n treurige stemming het hy sy reis
voortgesit. ... En daar is mense wat beweer dat die siel van die mens
so deur die bedruktheid of opgewektheid wat hy voel, vooraf weet wat
met hom gaan gebeur; en in hierdie geval het g’n halfuur verbygegaan
nie, of die slegte voorbodes van die onderkoning was verwesenlik.
Net toe hulle die neërdorp intrek, het Fernando Pereira, die seun van
Reimano Pereira, gesneuwel. Party sê dit was ’n ongeluk, want hy was in
een van die hutte; en een van ons manne wat buitekant was, het hom
daarin gehoor, en in die gedagte dat dit ’n neër was, het hy sy spies
ingestoot en hom deur die lyf gesteek. Toe die onderkoning hiervan
hoor, sê hy: „As my moeilikhede met Fernando Pereira begin, dan sal dit
met nog meer ophou;” en hy het bevel gegee dat die manskappe dadelik
teruggeroep moes word.
Die gros van die geselskap het egter reeds deur ’n groot deel van die
dorp gegaan en kom terug met ’n aantal koeie en kinders, wat hulle in
die huise gekry het. Daarop verskyn toe omtrent tagtig neërs; met die
eerste skrik het hulle gaan wegkruip, maar nou was hulle klaar om vir
die behoud van die kinders die dood te trotseer. Toe Lourenço de Brito
sien hoe woes hulle aanstorm en waarom hulle dit doen, skree hy vir dié
wat die kinders wegvoer: „Laat die kalwers staan, want die koeie kom
agter hulle aan; en hulle bulk nie, hulle brul.” En ofskoon party van
ons mense toe die kinders laat loop het en die armsalige buit van die
dorp neergegooi het, was die neërs reeds so woedend dat hulle oor alles
heenspring en ons hoofmag aanval.
Hulle roep die beeste, wat aan dié soort van oorlogmaak gewend is, en
begin om vir hulle te fluit en met tekens te stuur; en agter die vee
beskut val hulle toe ons mense aan met hardgebrande hout-werpspiese.
Party val gewond neer en is deur die beeste vertrap; en daar die meeste
sonder skilde was en alleen lanse en swaarde gehad het, kon hulle in
dié soort van vegtery nie veel uitrig nie, terwyl die neërs tussen die
beeste uit met onmiddellike gevolg hulle wapens teen ons manskappe
slinger. Hulle val so veg-veg terug en kom uitgeput by die plek waar
Diogo d’Unhos volgens die bevel van die onderkoning met die skuite moes
gewag het; maar hulle was nie daar nie, want ’n storm het opgekom, en
die see was so onstuimig dat hy verplig geword het om die bote terug te
neem tot naby die skepe; waar ons mense dus verwag het om skuiling te
kry, het hulle die dood gevind.
Hulle sak weg in die seesand en was totaal magteloos en kon hulle nie
beweeg nie, terwyl die neërs op hulle afstorm so lig en rats dat hulle
na voëls lyk, of liewer na die beule van Satan. Hulle werp hul op die
edelliede, wat uit liefde vir die onderkoning nog ’n bietjie weerstand
gebied het, want die gemene volk het met die eerste buit vooruit
gehardloop. Die treurigste was dat sommige gewondes, wat nie in die los
sand kon loop nie, in die water vaste grond gaan soek het en dit met
hulle bloed bevlek het.
In hierdie moeilike tyd, toe iedereen vir homself gesorg het, kom Jorge
de Mello by die onderkoning, en hy vind hom min of meer verlate, want
iedereen moes na homself kyk en het sy hande daarmee vol gehad. Daar
Jorge de Mello half ontevrede met hom was in verband met sake tussen
Alfonso d’Albuquerque [4] en die onderkoning, sê hy toe aan hom:
„Senhor, ek sou graag party van dié by u gevind het aan wie u eer
verskaf het, want nou is die tyd om weldade te vergoed;” waarop die
onderkoning antwoord: „Senhor Jorge de Mello, dié wat aan my iets
verskuldig was, is reeds agtergelaat; dit is nou nie die tyd vir sulke
herinneringe nie; u moet liewer aan u adellike stand dink; en ek vra u
as ’n guns om by die banier van ons koninklike heer te bly en dit te
red, want dit word oneer aangedaan; wat my betref, ek kan met my sonde
en jare hier my lewe sluit, daar dit die wil van die Heer is.”
In die tussentyd het daar reeds geval Pedro Barreto de Magalhaens,
Lourenço de Brito, Manuel Telles, Martin Coelho, Antonio do Campo,
Francisco Continho, Pedro Teixeira, Gaspar d’Almeida en nog meer. So
lank soos hy kon, het Jorge de Mello by die vlag gestaan, en by die
onderkoning tot aan sy dood. ’n Werpspies het hom die keel deurboor,
nadat hy met stokke en klippe gewond was. Toe Diogo Pires, die
leermeester van dom Lourenço [5], hoor dat die onderkoning gesneuwel
het, keer hy terug met die woorde: „Mag God gee dat ek nie die seun en
vader moet agterlaat en met my lewe hier uitkom nie.” Hy gaan toe terug
na die plek waar die onderkoning lê; en daar het hy ook vir altyd
gebly.
Om nou te sluit—dit was die noodlottigste gebeurtenis wat in die
koninkryk plaasgevind het, want die neërs was eenhonderd-en-sewentig in
getal, en ons mense eenhonderd-en-vyftig, die edelste uit die vloot.
Van hierdie het meer as vyftig, waaronder twaalf kapteins, op die
strand omgekom, doodgegooi met stokke en klippe, en dit nogal uit die
hande nie van reuse of gewapende manne nie, maar van dierlike neërs—die
laagste op die hele kus; en al hulle verhewe moed en verstandige
bedrywigheid, wat hulle so dikwels in Indië en baie ander plekke in
skitterende krygsdade vir God en hulle koning vertoon het, het hulle
hier niks gebaat nie. Slegs ’n kort entjie pad en ’n bietjie sand het
hulle tot onmag verswak, sodat ons met waarheid kan sê dat hierdie twee
dinge die vernaamste oorsaak van hulle dood was, want baie was so
magteloos dat hulle neergeval het, en die neërs het hulle weerstandloos
met groot strandklippe die hoofde verbrysel.....
Van dié wat ontkom het, was byna almal met dieselfde primitiewe wapens
gewond, en die wonderlikste van al die wonde was dié van Jorge Lopes
Bixorda, die eienaar van die skip Santa Cruz. Sy skedel was met ’n klip
ingeslaan, en die gat op die naat was groot genoeg om ’n eier te bevat;
en toe die stukke been verwyder is, kon ’n mens sy harsings sien klop.
Dit was nie moontlik om hom aan boord skip gesond te maak nie. Maar
gelukkig het ’n hen begin lê, en ’n neërin het ’n kind gekry; en met
haar melk en die eiers van die hen is hy verpleeg, en die wond het
genees.
Jorge de Mello, wat vir die sorg van die vlugtelinge verantwoordelik
was ná hulle terugkeer, het die gewondes na die skepe vervoer en het
daarop teruggegaan na die strand om die dooies te begrawe. Toe hy kom
waar die lyk van die onderkoning lê, totaal ontkleed—want die wêreld
wou dat hy dit selfs sonder ’n doodshemp moes verlaat—, was hulle
droefheid so groot om hom daar in dié ellendige toestand te sien dat
dié wat daarby gestaan het, liewer met hom in die dood sou gegaan het
as om die eerbiedwekkende en beroemde man daar so te moet aanskou.
Jorge de Mello het hom en die ander op die woeste kus begrawe en het
teruggekeer na die skepe. Hy het die anker gelig en die reis na hierdie
koninkryk voortgesit, waar, ná sy behoue aankoms, die hele land oor die
noodlottige gebeurtenis in rou gedompel is.
VERHAAL VAN DIE SKIPBREUK VAN DIE GROOT GALJOEN, SINT JOHANNES,
BY DIE LAND VAN NATAL IN DIE JAAR 1552.
INLEIDING.
Die geskiedenis van die skipbreuke aan die Suid-Afrikaanse kus in die
Portugese tyd is histories veral belangrik omdat dit ons inligting
verskaf omtrent die Bantoe en hulle uitbreiding. Die Kafferhordes,
uitspatsels uit die ontsaglike meer van woeste heidendom waarmee die
onbekende binneland van Middel-Afrika gevul was, dring langsaam maar
seker na die suide deur en dreig om ook die betreklik leë gebied, wat
later deur blankes sal bewoon word, deur oorweldigende getalle teen die
Europese beskawing te sluit. Uit die berigte van skipbreukelinge kan
ons vandag enigsins vasstel hoe die groot opmars plaasgevind het en
welke grense die voorste vaandeldraers van die barbaarsheid van tyd tot
tyd bereik het.
Teen die end van die sestiende eeu, omtrent twee geslagte voordat die
Europese uitbreidingsbeweging aan die voet van Tafelberg sou begin, was
die suidelike Bantoegrens in die omstreke van die Oemsimwoeboe-rivier,
maar ook die hele kusstreek tussen hierdie rivier en die Toegela, nog
maar dun bevolk, en die hoë bergland aan die voet van die Drakensberge
was volgens Theal se opvatting nog onbewoond. Hoe dit in die binneland
gesteld was, kan ons moeilik gis; maar langs die kus suid van Natal het
ons in dié tyd na alle waarskynlikheid nog slegs met voorlopers te
doen.
Die verhaal van die skipbreuk van die Sint Johannes bevestig hierdie
opvatting [6]. Die skip word deur lekkasie onveilig gemaak en strand in
Junie 1552 êrens op die Suid-Afrikaanse kus naby die 31ste suidelike
breedtegraad. Dit was volgens die berekening van die skipbreukelinge;
maar die instrumente waarmee destyds die hoogte van die son gemeet is,
was taamlik primitief; en aangesien die geselskap op hulle noodlottige
tog na Delagoabaai blykbaar geen melding maak van die
Oemsimwoeboe-rivier nie, kan ons met Theal aanneem dat die reis oos van
die rivier begin het. Opvallend is nou dat die skipbreukelinge wekelank
voortsukkel voordat hulle ’n belangrike Kaffer-hoof aantref. Hulle
praat wel van Kaffers, maar dan moet daaraan herinner word dat die
Portugese hierdie naam ook aan die Hottentotte gegee het; en buitendien
was dit veral die „onbeskryflike woestheid” van die land wat die
sterkste indruk op die reisgeselskap gemaak het.
Afgesien egter van sulke mededelinge, waarvan die Verhaal nog meer
bevat, het ons hier ’n beskrywing van menslike worsteling en smart, so
dramaties en aangrypend dat dit selfs in ons geskiedenis ’n
buitengewone plek inneem. Onwillekeurig dink ons aan die latere
geslagte, en ons voel dat daar ’n band bestaan tussen hierdie ou
Portugese, doodgemartel in die ongelyke stryd teen die gevare van ons
sonnige maar wrede land en sy nog wreder heidendom, en die
Voortrekkers, wat gelukkig sterk genoeg was om al die gevare te kan
trotseer, en wat oor skroeiende vlaktes, breë strome en hoë berge „die
vlag van die Kruis,” die standaard van die beskawing, tot aan die
Limpopo gedra het en die fondamente van ’n groot Suid-Afrika gelê het.
Wie die skrywer van hierdie verhaal was, is nie bekend nie. Of al sy
besonderhede juis is, kan ook moeilik vasgestel word; maar hy was
blykbaar goed ingelig. Die feit dat hy alleen nog na die skipbreuk van
die S. Bento verwys, wat in 1554 plaasgevind het, en wel as ’n
gebeurtenis wat nie ver in die verlede gelê het nie, skyn aan te toon
dat hy in elk geval ’n tydgenoot was. Uit sy skryftrant sou ’n mens
verder miskien kan aflei dat hy, soos die meeste ander Portugese
beriggewers, tot die geestelike stand behoor het.
VERHAAL VAN DIE SKIPBREUK VAN DIE GROOT GALJOEN, SINT JOHANNES,
BY DIE LAND VAN NATAL IN DIE JAAR 1552. [7]
... Van die kus waar hulle in 31 grade [8] skipbreuk gely het, het op 7
Julie 1552 die tog in die volgende orde begin: Manuel de Sousa [9] met
sy vrou en kinders en tagtig Portugese, daarby ook slawe en André Vas,
die stuurman, met ’n vlag van die Kruis omhoog; donna Leonora is deur
slawe in ’n draagstoel vervoer. Hierdie afdeling het voorgegaan. Agter
hulle was die meester van die galjoen met die matrose en slavinne, en
heel agter Pantaleano de Sà met die res van die Portugese en die
slawe—omtrent tweehonderd altesaam. Die hele geselskap het bestaan uit
vyfhonderd persone, waarvan eenhonderd-en-tagtig Portugese was. Op
hierdie manier het hulle ’n maand lank gereis, deur teenspoed, honger
en dors geteister; want gedurende die hele tyd was hulle kos die rys
wat uit die galjoen gered is, en ’n bietjie vrugte wat hulle in die
bosse gekry het. Die land het niks anders opgelewer nie, en hulle het
niemand ontmoet van wie hulle proviesie kon koop nie. Die streek
waardeur die tog gegaan het, was onbeskryfbaar en ongelooflik woes [10]
...
In die tussentyd het hulle verskeie kere met die barbare in botsing
gekom; en ofskoon die Kaffers altyd verslaan is, het Diogo Mendes
Dourando in een geveg geval. Tot sy dood toe het hy hom soos ’n dapper
krygsman geweer. Onder al die moeilikhede van die weg—waaksaamheid,
honger en uitputting—het meer en meer egter begin uitsak; en eindelik
het g’n dag verby gegaan nie, of een of twee, onbekwaam om ’n stap
verder te gaan, is op die strand of in die bosse agtergelaat. Hulle is
later deur tiers en slange, waarvan daar baie was, verslind. Waarlik,
dit was ’n bron van groot droefheid en pyn vir almal om dag ná dag aan
te sien hoe dié mense nog lewendig daar in die woestyn agtergelaat is;
want hy wat moes verlaat word, het vir die res van die geselskap,
miskien sy vader of broers of vriende, versoek om maar verder te gaan
en het hulle aan die bewaring van God toevertrou; en bitter was die
smart van diegene wat hulle verwantes en vriende so aan hulle lot moes
oorgee, sonder die vermoë om hulle te help en bewus daarvan dat hulle
binnekort die prooi van wilde diere sou word. As dit hartverskeurend is
om daarvan te hoor, hoe veel erger moes dit gewees het om dit te
aanskou en te ondervind.
So het hulle dan onder groot ontberinge hulle reis voortgesit. Somtyds
het hulle die land ingetrek om oor riviere te kom of om kos te soek.
Dan weer het hulle na die see teruggekeer oor hoë berge en met die
grootste gevaar. En asof dit nog nie genoeg was nie, moes hulle ook
veel van die Kaffers verduur. Op dié manier het hulle twee en ’n half
maande gereis, so gefolter deur honger en dors dat buitengewone dinge
byna dag vir dag voorgekom het, waarvan ek enkele van die
merkwaardigste sal verhaal.
Dit het dikwels onder hulle gebeur dat ’n beker water van driekwart
pint vir tien krusados [11] verkoop is, en ’n honderd krusados is gegee
vir ’n ketel wat ses kwarte bevat het; en daar dit somtyds tot wanorde
gelei het aangesien daar g’n groter kan of beker onder die geselskap
was nie, het die kaptein ’n honderd krusados betaal aan die persoon wat
’n ketel vol water gaan haal, en het hy dit met sy eie hande verdeel
teen ag of tien krusados per porsie van driekwart pint, een vir homself
en sy vrou en kinders en die res teen dieselfde prys.....
Drie maande het nou verloop vandat hulle die reis begin het met die
doel om die Lourenço-Marques-rivier te bereik...... Vir baie dae het
hulle nou al gelewe van die wilde vrugte wat hulle kon kry, en van droë
bene; en dit het dikwels in die kamp gebeur dat die vel van ’n bok vir
vyftien krusados verkoop is; en uitgedroog soos dit was, het hulle dit
in water geweek en opgeëet. Op hulle togte langs die strand het hulle
van skulpe gelewe en van die visse wat die see opgespoel het. Ná drie
maande het hulle ’n Kaffer ontmoet, die hoof van twee krale, blykbaar
’n waardige ou man; en sy hulpvaardigheid het bewys dat hy dit ook was.
Hy het hulle gesê dat dit goed sou wees as hulle nie verder gaan nie,
maar by hom bly; hy sou na sy vermoë in hulle behoeftes voorsien, want
die gebrek aan voedsel was nie te wyte aan die dorheid van die land
nie, maar aan die feit dat die Kaffers min saai en van die wilde beeste
wat hulle doodmaak, bestaan.
Die Kaffer-koning het sterk aangedring by Manuel de Sousa en sy
geselskap om by hom te bly; want, sê hy, hy maak oorlog teen ’n ander
koning, deur wie se land hulle sal moet gaan, en hy wil hulle hulp hê;
maar as hulle voortgaan, sal hulle seker deur dié koning, wat sterker
is as hy, beroof word.... En terwyl hulle besig was om tot ’n besluit
te kom, het hulle ses dae daar vertoef, maar skynbaar was dit beslis
dat Manuel de Sousa en die groot meerderheid van sy geselskap op die
pad moes sterwe; want hulle wou die raad van die koning, wat hulle
gewaarsku het, nie volg nie.....
Hulle besluit toe om die Lourenço-Marques-rivier te gaan soek. Min het
hulle geweet dat hulle dit reeds bereik het; want dié rivier loop in
drie strome na een mond toe, en hulle was toe by die eerste stroom.....
Daar dit onmoontlik was om sonder die goedkeuring van die koning oor
die rivier te kom, het die kaptein hom versoek om hulle in sy skuite te
laat oorgaan; en hy het belowe dat hy die Kaffers wat hulle oorhelp,
goed daarvoor sou betaal.... Die kaptein met sy vrou en kinders en
dertig man met drie gewere het so oorgevaar, en die res van die
geselskap ná hulle. Tothiertoe was hulle nie besteel nie, en die tog
het weer begin.
Ná vyf dae het hulle die twede rivier bereik... Dit was ná sononder
.... en hulle het op ’n sanderige plek hulle kamp opgeslaan en daar die
nag geslaap. Die rivier was brak, en daar was geen vars water in die
nabyheid nie... In die nag was die dors in die kamp so groot dat hulle
byna gesterf het. Manuel de Sousa wou water laat haal, maar niemand wou
dit onder ’n honderd krusados vir elke ketelvol doen nie; en teen dié
prys het hy hulle gestuur .... en dit nogal waar dit die wil van die
Heer was dat water hulle voedsel sou wees. Hulle het in daardie kamp
gebly, en die volgende dag teen die aand het hulle drie skuite met
neërs daarin sien aankom. Van hulle is toe deur ’n neërin van die kamp,
wat iets van die taal begin verstaan het, verneem dat ’n skip met mense
nes hulle daar aangekom het, maar reeds weer vertrek het. Toe is die
neërs op bevel van Manuel de Sousa gevra of hulle die reisigers oor die
rivier sou vervoer; en die antwoord was dat dit reeds nag was (want
Kaffers onderneem niks in die nag nie), maar dat hulle dit die volgende
dag sou doen, mits hulle betaal word. Teen dagbreek het die neërs met
vier skuite gekom, en vir ’n paar spykers het hulle die mense begin
oorbring.
Hulle sê dat in hierdie tyd die kaptein as gevolg van die gedurige
waaksaamheid en veelvuldige rampe, wat swaarder op hom gedruk het as op
die ander, aan sy brein gely het. En daar dit sy toestand was en hy op
die oorvaart onder die indruk gekom het dat die neërs verraad wou
pleeg, trek hy sy swaard teen hulle, en hy skree: „Honde! waarheen neem
julle my?” By die gesig van die bloot swaard spring die neërs in die
water en het byna verdrink. Sy vrou en ander mense uit sy omgewing het
hom toe gesmeek om die neërs nie seer te maak nie, anders sou hulle
almal verlore wees. En waarlik, wie vir Manuel de Sousa geken het, sy
beleid en vriendelikheid, en hom so sien handel het, kon wel sê dat sy
verstand aangetas was, want hy was altyd verstandig en versigtig; en
hierna kon hy nooit meer sy mense regeer soos tevore nie. En toe hy aan
die oorkant van die rivier aan wal stap, het hy erg oor sy hoof geklae;
en hulle het doeke daarom gedraai. En toe het almal weer bymekaar
gekom.
Daar op die wal, toe hulle weer wou verder gaan, het hulle ’n trop
Kaffers gewaar geword; en dié het deur ’n Kaffermeid van Sofala aan
hulle gesê dat as hulle kos wou hê, hulle saam moes gaan na ’n kraal
waar die koning was, en hy sou hulle goed versorg.
Die geselskap het in hierdie tyd uit ’n honderd-en-twintig persone
bestaan, en donna Leonora was nou een van dié wat te voet gegaan het;
en ofskoon sy ’n vrou was van adellike rang, swak en jonk, het sy die
slegte en pynlike weg afgelê asof sy ’n man was, gewend daaraan om op
die land te werk; en sy het dikwels die ander opgebeur en haar kinders
help dra. Dit was nadat daar g’n slawe meer was om die draagstoel te
dra waarin sy vroeër gereis het nie. Dit wil werklik skyn asof die
genade van die Heer haar ondersteun het, anders sou dit onmoontlik
gewees het vir ’n swak vrou, ongewend aan ontberinge, om so ’n lang en
pynlike reis te doen en gedurig aan honger en dors onderhewig te
wees—want hulle het nou meer as driehonderd uur [12] gereis, omdat
hulle sulke groot ompaaie moes gaan.
Maar om terug te keer tot ons verhaal! Toe die kaptein en sy geselskap
verneem dat die koning in die nabyheid was, het hulle die Kaffers as
gidse gebruik; en met die grootste versigtigheid het hulle gegaan na
die plek waarvan hulle gehoor het, onder God weet hoeveel folterende
honger en dors. Dit was ’n uur[12] tot by die kraal waar die koning
was; en toe hulle daar naby kom, het hy ’n Kaffer gestuur om te sê dat
hulle nie moes binne kom nie (want dit is hulle gewoonte om altyd die
woning van die koning sorgvuldig te verberg), maar dat hulle onder ’n
paar bome [13], wat hulle aangewys is, moes kampeer, en hy sou hulle
proviesie stuur. Manuel de Sousa het dit dan ook gedaan, soos ’n
vreemdeling in ’n vreemde land; want hy het nie soveel kennis van die
Kaffers gehad soos ons vandag deur hierdie skipbreuk en dié van die
Sint Bento nie, en hy het nie geweet dat ’n honderd man met gewere die
hele Kafferland kan deurtrek nie, omdat hulle banger is vir ’n geweer
as vir die duiwel.
Daar in hulle kamp onder die bome het hulle toe proviesie in ruil vir
spykers gekry. Hier het hulle vyf dae gebly, en hulle het gemeen dat
hulle hier sou kon wag totdat een of ander skip uit Indië aankom; en
die neërs het ook so gesê. Toe het Manuel de Sousa die koning gevra om
hom ’n huis te gee waarin hy met sy vrou en kinders kon skuiling kry.
Die Kaffer het geantwoord dat hy hom een sou verskaf, maar dat al sy
mense nie daar bymekaar kon bly nie, omdat daar gebrek aan kos in die
land was; dat hy met sy vrou en kinders en ander uit sy mense na sy
verkiesing daar kon vertoef, maar dat die res in die krale moes verdeel
word, en hy sou bevel gee dat hulle van kos en huise moes voorsien
word, totdat ’n skip kom. Dit het die koning uit bose opset gedaan,
soos uit wat later gebeur het, sou blyk.... Toe die Kaffer-koning met
Manuel de Sousa afgespreek het dat die Portugese in die dorpe en krale
sou verdeel word, het hy hom ook gesê ... dat dit onmoontlik was as die
Portugese nie bevel kry om hulle wapens neer te lê nie, want die
Kaffers was bang vir hulle as hulle die wapens sien, en hy sou hulle in
’n huis laat sit en weer teruggee ná die aankoms van ’n Portugese skip.
Manuel de Sousa, wat baie siek en half van sy verstand af was ... het
hierop geantwoord dat hy met sy mense daaroor sou praat. En daar die
uur waarin hulle beroof sou word, aangebreek het, het hy met hulle
gepraat en gesê dat hy nie verder sou gaan nie, en op een of ander
manier moes hulle ’n skip of ’n ander redmiddel, soos die Heer dit mog
beskik, verkry, want hierdie rivier waar hulle hul nou by bevind, was,
volgens die verklaring van die stuurman André Vas, die
Lourenço-Marques. Dat wie verder wou gaan, dit na sy eie goedvinde kan
doen, maar hyself sou daar bly uit liefde vir sy vrou en kinders, wat
van die groot ontberinge so swak was dat hulle nie meer kon loop nie;
en slawe het hy nie meer gehad om hulle te help nie. Dat dit sy besluit
was om met sy gesin te sterwe wanneer dit God mog behaag; en hy het dié
wat wou verder gaan, versoek, as hulle ’n Portugese skip ontmoet, om
hom daarvan in kennis te stel; en dié wat by hom wou bly, kon dit doen
en hom vergesel waarheen hy ook mog gaan. En om die vertroue van die
neërs te wen en nie as roofsugtige diewe deur hulle beskou te word nie,
was dit nodig dat hulle hul wapens moes afgee om ’n end te maak aan die
ellende wat hulle so lank verduur het. In hierdie tyd was die oordeel
van Manuel de Sousa en dié wat met hom ooreengestem het, nie meer dié
van redelike mense nie; want as hulle dit reg beskou het, sou hulle
gesien het dat die neërs hulle nie kon bykom solank soos hulle wapens
gehad het nie. Die kaptein het toe bevel gegee dat hulle hul wapens
moes neerlê, waarop, ná God, hulle enigste veiligheid berus het; en die
afgee van die wapens het teen die wil van sommige geskied, en veral
teen dié van donna Leonora; maar sy alleen het haar stem daarteen
verhef, dus het dit weinig gebaat. Toe sê sy: „Julle lê die wapens
neer, en nou beskou ek myself en al hierdie mense as verlore.” Die
Kaffers neem toe die wapens en bring hulle na die huis van die koning.
Sodra die Kaffers die Portugese sonder wapens sien—want dit was hulle
voorbedagte verraderlike plan—, begin hulle hul afsonderlik deur die
bosse te voer en te beroof—elkeen vir dié wat aan hom afgestaan was. En
toe hulle by die krale aankom, was al die Portugese kaal gesteel; en
sonder iets aan is hulle met veel slae uit die dorpe uitgestoot. Manuel
de Sousa was nie in hierdie geselskap nie, omdat hy met sy vrou en
kinders en die stuurman André Vas en nog omtrent twintig ander by die
koning gebly het; en hy het baie juwele, edelgesteentes en geld by hom
gehad; en dit word gesê dat die geselskap tothiertoe met hulle
saamgevoer het ’n waarde van meer as ’n honderdduisend krusados. Ná die
afskeiding van Manuel de Sousa met sy vrou en kinders en die genoemde
twintigtal van die res, is ook hulle onmiddellik beroof van al wat
hulle gehad het; maar hulle is nie ontklee nie. Die koning sê toe aan
die kaptein hy moet die res van sy geselskap gaan opsoek, want hy wou
hom g’n verder kwaad aandoen nie, en nie sy hand aan sy persoon of dié
van sy vrou slaan nie. Toe Manuel de Sousa sien wat gebeur, het hy
begryp wat ’n groot fout hy begaan het toe hy die wapens laat afgee
het; maar hy was nou hulpeloos en moes die bevele van die koning
gehoorsaam.
Die res van die geselskap, neentig in getal, waaronder Pantaleano de Sà
en drie ander edelliede, ofskoon hulle almal van mekaar geskei was, het
langsamerhand weer bymekaar uitgekom; want hulle was nie erg versprei
nadat die Kaffers aan wie hulle oorgegee was, hulle beroof en ontklee
het nie. En ofskoon hulle in ’n treurige toestand verkeer het, sonder
wapens, klere en geld om kos mee te koop, en sonder hulle kaptein, het
hulle weer die reis voortgesit.
Maar nou het hulle nie meer op mense gelyk nie, en sonder iemand om die
bevel te voer het hulle in wanorde langs verskillende weë aangesukkel,
party deur die bosse, ander weer oor die berge, sodat hulle uitmekaar
was; en by elkeen was daar net een gedagte—om sy eie lewe te red onder
die Kaffers of More, want hulle het nie meer saam beraadslaag nie, en
daar was ook niemand om hulle daarvoor bymekaar te roep nie. Ons kan
hulle beskou as reeds verlore; en ek sal nie verder van hulle praat
nie, maar terugkeer na Manuel de Sousa en sy ongelukkige vrou en
kinders.
Toe Manuel de Sousa beroof en deur die koning agter sy geselskap aan
gestuur was, kon hy nog, nieteenstaande hy nou geruime tyd aan sy hoof
gely het, die belediging diep voel. En wat van donna Leonora, ’n swak
vrou wat haar nou in so’n haglike toestand moes bevind, en wat haar man
voor haar oë mishandel moes sien en sonder die vermoë om sy gesag te
laat geld of sy kinders te verdedig! Maar sy het haar gedra soos ’n
vrou van gesonde verstand; en op die advies van die manne wat nog daar
was, het hulle die weg deur die bosse weer ingeslaan met hulle hoop en
vertroue op God alleen. In hierdie tyd was André Vas, die stuurman, nog
in haar geselskap, en ook die bootsmaat, wat haar nooit verlaat het
nie, en ’n paar slavinne. Hulle het gemeen dit sou die beste wees om
die neentig man wat eerste beroof was, agterna te gaan; en vir twee dae
het hulle hul voetspore gevolg. Donna Leonora was nou so swak en so
treurig en mismoedig oor die toestand van haar man en omdat hulle
agtergelaat was en nooit, dit het sy gevrees, die ander weer sou bereik
nie, dat dit hartverskeurend is om daaraan te dink. En terwyl hulle so
voortgaan, val die Kaffers hulle weer aan en ontklee hulle, sodat hulle
niks meer gehad het om hulle mee te bedek nie. In hierdie toestand, met
twee swak kindertjies om te versorg, het hulle tot die Heer geroep.
Hulle sê dat donna Leonora met slae en worsteling haar teen die Kaffers
geweer het toe hulle haar klere wou wegneem, want sy wou liewer deur
hulle doodgemaak word as om haar nakend voor die mense te bevind; en
ongetwyfeld sou sy hier gesterf het as Manuel de Sousa haar nie gesmeek
het om haar te laat ontklee nie, want hy het haar daaraan herinner dat
almal nakend gebore word en dat aangesien dit die wil van God was, sy
haar moes onderwerp. Donna Leonora, toe sy haar so sonder klere sien,
het haar op die grond gewerp en met haar hare bedek—want dit was baie
lank; en sy het ’n gat in die sand gemaak en haar tot die middel daarin
begrawe, en sy het nooit weer daarvandaan opgestaan nie. Manuel de
Sousa gaan toe na ’n ou vrou, haar voedster, wat nog ’n ou geskeurde
mantel gehad het; en hy het dit van haar gevra om donna Leonora daarmee
te bedek, en sy het dit aan hom gegee; maar nieteenstaande dit alles
wou sy nie weer opstaan van die plek waar sy haar neergewerp het toe sy
sien dat sy nakend was nie.
Waarlik, ek glo nie dat iemand dit voor sy gees kan laat verbygaan
sonder groot droefheid en smart nie. Om ’n dame van so’n hoë stand, die
dogter en vrou van so’n geëerde edelman, so mishandel en geminag te
sien! Toe die mans wat nog in hulle geselskap was, vir Manuel de Sousa
en sy vrou so nakend sien, het hulle ’n entjie opsy gegaan, want hulle
was skaam om hulle kaptein en donna Leonora in so’n toestand te sien.
Toe sê sy aan André Vàs, die stuurman: „U sien waartoe ons nou gebring
is, en dat ons nie verder kan gaan nie, maar hier vir ons sonde moet
omkom; vervolg u weg en probeer om uself te red, en beveel ons aan God;
as u ooit Indië of Portugal mag bereik, vertel dan daar hoe u vir
Manuel de Sousa en my met my kinders agtergelaat het.” En daar hulle
geensins in staat was om die droefheid van hulle kaptein of die gebrek
en smart van sy vrou en kinders te verminder nie, het hulle die reis
voortgesit om hulle lewe te red.
Ná die vertrek van André Vàs het daar by Manuel de Sousa en sy vrou nog
gebly Duarte Fernandes, die bootsmaat van die galjoen, en ’n paar
slavinne, waarvan drie behoue in Goa aangekom het en die dood van donna
Leonora beskrywe het. Dom Manuel de Sousa, ofskoon sy brein geaffekteer
was, het daaraan gedink dat sy vrou en kinders niks te ete het nie; en
ofskoon ’n wond in sy een been deur die Kaffers veroorsaak hom nog las
gegee het, het hy in dié toestand die bosse ingegaan om vrugte vir
hulle te soek sodat hulle kon eet. By sy terugkeer vind hy donna
Leonora baie swak van honger en huil; want sedert die Kaffers haar
klere geneem het, het sy nie van die plek opgestaan of ophou huil nie.
En hy het een van die kinders dood gekry; en met sy eie hande het hy
hom in die sand begrawe. Die volgende dag het Manuel de Sousa weer
vrugte in die bosse gaan soek; en toe hy terugkom, vind hy donna
Leonora en die ander kind ook dood en vyf slawe met groot gekerm aan
die huil oor haar.
Hulle sê dat toe hy sien dat sy dood was, hy net die slavinne ’n entjie
weggestuur het; en vir ’n halfuur het hy daar by haar gesit, met sy
hoof op een hand geleun, sonder om ’n traan te stort of ’n enkel woord
te spreek; en so het hy gesit met sy oë op haar gevestig sonder om ag
te slaan op die kind. Ná die halfuur het hy opgestaan, en met die hulp
van die slawe het hy ’n graf in die sand gemaak; en nog altyd sonder om
een woord te sê het hy haar met haar seun begrawe. Toe dit klaar was,
het hy weer dieselfde weg ingeslaan as toe hy gaan vrugte soek het; en
sonder om iets aan die slawe te sê het hy tussen die bosse verdwyn en
is nooit weer gesien nie.
..... Van die hele geselskap, uit dié wat by Manuel de Sousa gebly het
toe hy beroof is, sowel as uit die neentig wat vooruitgegaan het, het
daar ontkom omtrent ag Portugese en veertien slawe, tesame met die
slavinne wat by die dood van donna Leonora teenwoordig was. Onder hulle
was Pantaleano de Sà, Tristano de Sousa, die stuurman André Vàs,
Balthasar de Sequeira, Manuel de Castro en Alvaro Fernandes. Hulle was
aan ronddwaal in die land, sonder hoop om ooit weer ’n kristelike land
te bereik, toe ’n skip, waarin daar ’n famieliebetrekking van Diogo de
Mesquita was, in die rivier verskyn het om ivoor te soek; en toe hy
verneem dat daar verlore Portugese in die omtrek was, het hy bevel
gegee om hulle te soek en het hy hulle met krale losgekoop.... As
Manuel de Sousa nog gelewe het, sou hy ook losgekoop geword het; maar
na dit skyn, was dit beter vir sy siel soos dit was, want die Heer het
dit so bestier. Al dié mense het op 25 Mei 1553 in Mosambiek aangekom.
MONOMOTAPA EN OFIR.
INLEIDING.
Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van
Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is
poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op
kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die
Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie
legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala
’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in
aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan
noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen
met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het;
volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon dit heer
van die berg of hy wat roof beteken het [14]; die Portugese het dit
egter met keiser [15] vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met
ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom
van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en
Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.
Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs
die Sambesie op, was die gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige
goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof
wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die
gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die
ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is
en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur
vreemde veroweraars gebring het.
Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die
Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige
goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die
binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar
hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot
Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo,
vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soos Bahia da
Lagoa en Rio da Lagoa [16].
MONOMOTAPA EN OFIR.
1. UIT „DA ASIA” VAN JOANO DE BARROS [17].
Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied;
en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring
deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer [18] in die
hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie
meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en
daaruit vloei ook ons Zaire [19], wat deur die koninkryk Kongo loop....
Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope
nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap
Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa [20] genoem; maar nou
heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het
toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.
Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur [21] anderkant Sofala
en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra....
Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en
die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur....
Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat
en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen
Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit
groot vlaktes [22], wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar
so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en
vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat
uit die suidelike yssee waai.
Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe,
is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en
aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik
daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en
soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos
koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik
onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar
omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid
ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.
Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van
Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge
omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.... In die myne van
Manica [23], wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers
dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier
gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle
uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry....
Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en
tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie
myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter
korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die
winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die
stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat
hulle opbring....
Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as
die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of
liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger
moet wees voordat hy daarvoor sal grawe....
Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa [24] genoem word, of ook
die Koninkryk Batua [25]. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n
vasaal van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde
uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die
land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel
daarvan is ’n vierkantige fort [26], van binne en buite gemessel en van
verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om
hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span
wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur
van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne,
wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid
van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels
omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk
opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.
Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle
taal hof beteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so
genoem.... Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens
bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken
nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in
vergelyking met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle
onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit
gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort
daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met
die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk
van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die
ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na
hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig
uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad
suiderbreedte [27].... Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie
oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker....
Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die
myne was, die bou van die forte beveel het .... en dat hy, met verloop
van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag
hier verloor het....
Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige
hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en
Melinde.... Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat
hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en
gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere
word deur die edelliede en die vroue gedra. En al is Benomotapa koning
van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere
gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al
sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat
vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.
Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein
keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die
naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie ... want die grootste
versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.... Sy mense
bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy
geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat
teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor
word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die
koning gedrink of gehoes het....
Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook
mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd
grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy
slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel
van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui
dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en
hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy
mense voorstel.
2. UIT „ETHIOPIA ORIENTAL” VAN JOANO DOS SANTOS [28].
Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam
Fura [29] dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van
Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op
die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die
uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot
goudmyne verberg is, sal gewek word.
Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en
klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en
sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want
selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en
met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van
die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het
dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat
van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die
Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die
kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die
kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud
ontskeep en is oor land na die hof van die koningin van Skeba gebring,
want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van
Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur
vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want
volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die
koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê,
geregeer....
Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning
Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid
goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere
na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See;
op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor
land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat
die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom
het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam
in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.
Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak
nie [30]; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die
streke rondom die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon
gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die
More van Mosambiek en Kilwa.
Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe
nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie
skepe gehad nie..... Buitendien veroorsaak die winde hier baie
oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs
twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande
lank; en hulle word moessons genoem.... Dit is dus begryplik dat die
reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.....
’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van
Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook
edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al
dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en
daar is ook kosbare hout..... En ofskoon ek geen poue gesien het in die
streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees,
want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik
baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.
DIE TERUGKEER VAN JAN HUYGEN VAN LINSCHOTEN.
INLEIDING.
Jan Huygen van Linschoten, gebore in 1563 in Haarlem, het sy
jongelingsjare in Enkhuisen deurgebring. Dit was in die begin van die
Tagtigjarige Oorlog. Die Nederlanders behaal hulle eerste oorwinninge,
en die Nederlandse skeepvaart word sterk en ondernemingslustig. Die
heroïese gees van die tyd was net na die smaak van die knaap. Soos hy
later in sy beroemde boek, die Itinerario, dit self uitdruk, was hy
„gheneycht .... tot lesen vreemde dingen van Landen ende
gheschiedenissen, waerinne besundere wel behaghen ende
vermaeckelickheyt hadde, met een grooter verweckinghe der begeerten om
vreemde ende onbekende landen te besien, ofte eenighe avontueren te
versoecken;” en in ’n brief aan sy ouers uit Goa lees ons: „Mijn hart
denct anders niet nacht ende dach, dan om vreemde landen te besien. So
weet men wat te vertellen als men oudt is. Daer en is geen tijt quader
versleten als een iongman op syn moeders kuecken te blyven, gelyck een
babock [31], ende weet niet wat armoede noch weelde is, noch wat de
werelt in sich heeft, twelck dickwils oorsaeck is van haer (sy)
verderffenis.”
Nieteenstaande die oorlog was die handelsbetrekkinge tussen Nederland
en Spanje nie afgesny nie. Twee van Jan Huygen se broers was handelaars
in Spanje, en as ’n eerste stap tot veel groter dinge kry die
sestienjarige jongeling in 1579 eindelik verlof van sy ouers om na sy
broers te gaan. In 1583 tree hy dan in die diens van die Portugese
aartsbiskop van Goa en vergesel hom na Indië. Eers in 1592 was Van
Linschoten weer terug in Lissabon, en in dieselfde jaar het hy ook sy
vaderland bereik. Die vrugte van sy reise is in sy Itinerario neergelê,
wat in 1595/6 verskyn het. Die invloed van hierdie werk was baie groot;
dit was die wegwyser vir die Nederlanders na die Ooste. Die eerste
Nederlandse vloot het wel na Indië geseil voor die verskyning van Van
Linschoten se boek, maar De Houtman het kennis gedra van sy
mededelinge.
Die Itinerario is deur prof. Kern vir die Linschoten-Vereniging
uitgegee (1910). Ons verwys met erkentlikheid na dié deeglike uitgawe
en vertrou dat onderwysers daarmee kennis sal maak, asook met die ander
werke van genoemde vereniging.
In die uittreksel uit die Itinerario wat hier volg, beskryf Jan Huygen
van Linschoten sy terugreis om die Kaap. Hy gee ons ’n treffende indruk
van die ontsettende moeilikhede en gevare wat die skepelinge destyds
aan die Suid-Afrikaanse kus moes verduur. Belangrik is ook die
onthulling wat hierin voorkom, van die swakhede van die Portugese
skeepvaart. Van Linschoten kan sy minagting vir die Portugese, wat
hulle skepe sleg voorsien en dan in ’n storm, as daar geen orige tou is
nie, op hulle knieë hulp by die Heilige Maag en die „Santen” soek, nie
verberg nie.
Die spelling is onveranderd gelaat, maar af en toe is ’n leesteken
gemoderniseer om die teks vir ongeoefendes te verduidelik. Die leek
word attent gemaak op die dubbele ontkenning, en .... niet, en op
ongewone samestellinge, soos b.v. betert (betere ’t), salmen (sal men),
ens. Let ook op naer vir na (of naar) en die weglating van
voornaamwoorde soos wij of zij in die eerste naamval.
DIE TERUGKEER VAN JAN HUYGEN VAN LINSCHOTEN.
Uit die „Itinerario” [32].
...... Eenen dach daer naer namen die hoochte vande Son, ende vonden
ons in 28⅔ [33] graden, wesende in de hoochte van het landt, ghenaemt
Terra do Natal. Hoe wel dat wy noch meer als 400. mylen [34] vande
Custe te Zeewaert in waren, creghen goet weder met eenen zuydtoosten
wint. In dese contreye vande Custe van Terra do Natal, welck duert tot
32. graden, is die moeylijkste passagie met die [van?] Cabo de bona
Esperança, die op die gheheele reyse is, ende vreesen dickwils meer dit
landt van Natal, als die Caep: want hier in ’t ghemeen veel tormenten
ende onweders zyn, en heeft veel Schepen vernielt en verslonden, als
die Portugesche memorialen vol zyn, ende daer af ghenoech ghetuyghen.
In dese contreye vonden oock die teeckenen van ’t verloren Schip San
Thoma. In somma in het ghemeen soo betalen hier die Schepen tribuyt,
ofte laten daer die gheheele reste, waerom ghenaemt wert Terra do Natal
[35], dat is: het landt van Kersmis. Uyt welcke oorsaecke passeren hier
altoos met grooter vreesen, ende goede wacht ende voorsichtigheyt, alle
touwen vast en strack, het geschut onder in het Ballast, alle kisten,
potten, vaten, en alle rommelinghe, die onder geen plaets en hebben,
worpen over boord inde Zee, ende alle dinghen ghereet op zijn plaets:
want men heeft hier d’ een ure claer en helder weder, ende d’ ander ure
eenen storm, dat het schijnt Hemel en Aerde te vergaen. Hier comt met
een claer ende helder weder een wolcxken, welcke is in ’t schijnsel van
de groote van een vuyst, waerom van de Portugesen ghenoemt wert, Olho
de Boy, ofte Ossen ooghe, ende al ist dat het stock stil is, en dat die
seylen aen de mast clappen, soo moetmen terstondt met datmen dit
wolcxken siet, en ghewaer wert, met alle haesticheydt alle seylen
strijcken ghelijckelijck: want eermen omsiet soo ist by het Schip, met
sulcken storm ende ghetier, dat het sonder twijfel een Schip souden
inden afgrondt smyten, soomen daer niet op verdacht en waer; alst
gheschiede van de tweede vloot [36] naer die ontdeckinghe van Indien,
die welcke waren thien oft twaelf Schepen by malcanderen. Met alsulcken
stilten ende claer weder lieten alle seylen hangen, sonder yewers naer
te sien, gelijckmen in dese onse Navigatien voor een ghewoonheydt
heeft. Soo is metter haest dit wolcxken ghecomen, met die vreeselijcken
storm, ende was haer op het lijf eer zy haer mochten reppen, soo dat
daer by de seven ofte acht inde grondt gheraecten, daer noyt tael noch
teecken meer af en kwam, ende die ander met groote schade ende moeyten
ontquament. Van dien tijdt voortaen hebben beter op haer hoede
gheweest, ende leerdent kennen, soo dat zy daer nu goede wacht op
hebben, ende gheeft haer noch ghenoech te doen. Dese over vallende
tormenten dueren in de gheheele contreye van Terra do Natal, tot voorby
de Cabo de bona Esperança.
Den twaelfden Martius, wesende in de hooghte van 31. graden, creghen
weder recht in de windt, ende daer naer stilte, waerom streecken alle
onse seylen, ende laghen alsoo en dreven vier daghen, het welcke die
Portugesen Payraer [37] heeten. Hadden alle dese daghen grooten
overlast van de Zee, die ons Schip dapper tormenteerden, so dat het die
Schippers houden voor meer torment als storm ende onweder: want die
Zee-golven comen tegens malcanderen van alle hoecken, ende vattent
Schip tusschen beyden, dat zy hem alle zijn Ribben doen craecken, ende
gants ontstellen, so dat het die Schepen seer dangerues is. Wy hadden
altoos groote sorghe voor onse Fock-mast [38], soo dat wy onse masten
ende het gheheele Schip met groote Cabels ende touwen te samen bonden,
soo wy best mochten. Dit duerden tot den seventhienden. Doen cregen wy
weder een weynich windts, so dat wy ons seylen weder op haelden; maer
duerden ons weynich tot des anderen daechs. Doen cregen wy weder inde
wint met een storm, so dat onse groote Ra [39] brack, waer mede
streecken alle onse seylen, ende bleven alsoo ligghen dryven ofte
payreren, en de concerteerden [40] onse Ra; laghen aldus en dreven
sonder seylen tot den 20. Martius, met groote overvallinghe van de
Golven ofte Zee, die ons grootelijcken [41] fereerden [42] en
ontstelden, ghelijckse daer altoos ghemeenlijck doen. Waren alle dese
tijdt op 31. graden, sonder yet [43] te moghen voorderen. Alle dese
daghen, saghen seer veel Voghelen, die de Portugesen heeten Antenalen
[44]. Zijn van de groote van Eynt-vogels. Den 20. Martius creghen weder
een weynich windts: maer was scherp, doch trocken onse seylen op en
seylden op de windt. Des nachts daer aen volghende cregen weder een
groote stilte, welcke duerde tot den 22. Doen creghen weder inde windt
[45], met een soo grooten storm, dat wij alle onse seylen ghedwonghen
waren te strijcken, die wy met groote moeyten qualijck kosten in
cryghen, ende en konsten al dryvend ofte payrerende het schip niet
gaende houden: want waren in groot perijckel, soo dat wy ghedwonghen
waren, die bonet [46] om ’t voor casteel te binden, welcke ons seyl
was; want anders geen en mochten veelen, ende seijlden also weder te
rugge, aldaer ons die windt wilden hebben, om alsoo eenighe
verlichtinghe te hebben; maer hadden genoech te doen. Moesten van noots
halven onse groot Boot over boort werpen, ende alle kisten, potten, en
vaten, die op het overloop [47] stonden, ende noch ander goet datmen
eerst by de hand vondt. Dese torment duerde ons twee daghen ende drie
nachten sonder op houden.
Den 25. Meert, wesende vesper van Palmsondagh, creghen weder eenen
beteren windt ende weder, naer dat wy groote Aelmoessen ghetrocken [48]
hadden, voor onse lieve Vrouwe van Anuntiason, wiens dagh het den
selfden dagh was, ende hebben weder onse seylen op ghehaelt, volghende
onse wegh naer de Cabo toe. In dese tijdt regneerden in ons Schip een
cranckheyt inde mont, ende lippen, keel, ende tonghe, die swollen, ende
’tvel af ginck, soo datmen niet en konst eeten dan met groote smerte
ende pijn [49], ende was generaal onder al die op ’t Schip waren.
Den achtsten Aprilis smorghens, nae dat wy 15. daghen voor windt
gheseijlt hadden, naer die Cabo ende het landt toe, sagen sommighe
teeckenen van ’t landt, het welcke is groen water; maer en konsten
gheen grondt vinden, doch ten was altoos ten alderhoochsten gheen [50]
40. mylen van landt, naer merckinghe van de Piloten, ende saghen oock
van de Voghelen, diemen heet Mangas de Velludo [51], Fluweelen Mouwen
te segghen: want hebben aende punten vande vluegelen, swarte punten als
Fluweel, wesende voorts wit ende groenachtigh, welcke houden voor een
sekere teecken van het landt, vande Cabo de bona Esperanca binnewaerts
[52], te weten, die Baya de Lagoa [53] ofte die Bay van ’t lack, die
leydt op 33½ graden, vande Custe die naer Moçambique streckt.
Den 9. April des nachts, creghen wederom recht in de windt, wesende in
35½ graden, met eenen grooten storm ende onweder, die duerden tot den
14. vande selfde maendt, soo dat wy ghedwonghen waren, niet moghende
verdraghen het ghewelt van de Zee, ende het gheduerighe onweder ende
storm, wederom te rugghe te loopen voor windt af, ende dat met die
helft van het Fock-seil [54] alleenlijck op: want en bevonden ons niet
machtigh ghenoech, om te moghen payreren, ofte sonder seylen te dryven,
ghelijck als die Schepen ghemeenlijck ghewoon zijn, ende dickwils
oorsaeck is van haer verlies, alsmen wel ghenoech vermoeden mach, door
die groote cracht van de Zee ende Golven die daer zijn, dat het schijnt
onmoghelijck te wesen, een Schip te moghen verdraghen soo grooten
ghewelt; al waert van yser moeste wijcken ende breken; ende hoe wel dat
wy voor windt afliepen, hadden noch perijckels ghenoech: want die Zeen
quamen van achteren boven over ’t Schip, ende bedeckten het gheheele
overdeck, ende moesten onse masten, hooftouwen, ende het gheheele Schip
met koorden ende cabels aen malcanderen vast rygen, ende alsoo vast toe
spannen ofte gorden, op dat het van het groote ghewelt niet en mochte
wijcken, en van hem geven, ende moesten nacht en dagh pompen. Hadden
van elcken punt van Fock-ra een touw, die quamen tot achter by de
Stuerman, ende stonden aan elcke touw 15. 16. Man, ende den Stuerman in
zijn stoel, enne d’ onder Stuerman achter boven op het Schip, om de
Zeen waer te nemen, ende die Stuerman tauseren [55]. Daer stonden thien
oft twaelf mannen aan het Roer, ende die ander Bootsghesellen op het
overloop, om ’t seijl te regeren, ende als dan die Golven quamen en
bedeckten het Schip, soo riep die onder Piloot, ende alsdan so riep den
Stuerman tot die van het Roer, ende beval aen de een oft d’ ander zyde
die touwen van de Fock-ra te trecken, desghelijcks die Bootsghesellen
op het overloop met die Hoogh-bootsman, om alsoo het Schip recht naer
die Zeen te houden [56]: want hadden ons die Zeen eens over dwers
ghecreghen van de zyden, soo haddet met ons gheweest Requiescant in
Pace, ende was desghelijcks bynaer soo cout als in dese landen is inde
winter, alst sonder vriesen is, waer mede altesamen seer mismaeckt ende
moeyloos waren, ende die moet by naer verlooren gaven: want moesten by
ghebuerten [57] soo van het Roer naer boven trecken, en van daer naer
die pomp, niemant uytghesondert, soo datmen noyt tijdt hadden om
slapen, rusten, ofte eeten, noch te vercleeden; ende tot meer hulpe soo
brack ons noch die pen van ’t Roer, ende souden bynaer twee ofte drie
doot ghesmeten hebben: maer God versacht [58], soo dat daer anders
gheen schade en gheschiede, als dan sommige qualijck ghetracteert; ende
gheduerende noch den 14. van de selfde, sonder verbeteringhe te sien,
zijn alle die Officieren van het Schip vergadert, ende meer andere,
ende hebben raet ghehouden wat haer best te doen stondt, ende siende
dat het Schip niet machtigh ghenoech en was, om die Cabo te passeren,
hebben ghelijckelijcken ghesloten met een protest, dat zy alle
onderteeckenden, om met het Schip weder naer Moçambique te varen, ende
aldaer te verwinteren, ende het Schip te versien, ende te concerteeren
van alle nootdruft; het welcke het ghemeen Volck een groote droeffenis
aen jaechden: want bevonden dat daer soo grooten perijckel was, weder
te keeren naer Moçambique, als voor by de Caep te passeren: want
moesten weder voor by het Landt van Natal, daer sy soo seer voor
vreesden, als voor de Caep; daer en boven soomen naer Moçambique
arriveert, is soo veel als een verloren reijs: want moeten daer tot het
ander jaer vertoeven, en men verteerter Kap en Kuevel [59]: want alle
dingen moeten daer van Indien comen, van alle provande, soo dat alle
dinghen met Gout opghewoghen wert, het welcke die arme Bootsghesellen
ende Putgers [60] qualijcken aenstont; want hadden weynich middelen
daer toe, ende souden haer armoede die zy met brachten moeten
vercoopen, en versetten om half gelt, ende daer en boven waren noch wel
500. mylen van Moçambique. Door alle dese oorsake wasser een groote
beroerte in ’t Schip, ende vervloecten de Capiteijn ende Officieren,
dat het Schip soo qualijck versien was: want en hadden niet een
coordeken; noch waer af maken, soo ons eenighe quaem te brecken. De
Capiteijn gaf de schuit aende Schipper, dat hy ’t op ’t lant niet
geeyst en hadde, ende die Schipper seyde weder dat hy ’t geeyst hadde,
ende dat het Cayro [61] ofte Kennip [62], daermen in Indien die coorden
af [63] maeckt, den Capiteijn ghelevert was, ende dat hy daer die helft
(om zijn buers te vullen) af vercocht hadde, ende dat wy daerom nu
ghebreck leden. Met dusdanighe bueselinghen doen zy hare dinghen sonder
meer achterdencken; dan alsse inde noot zijn, so ist misericordia, ende
onse lieve Vrouwe om hulpe aen te roepen [64]; ende onse Capiteijn wist
noch te segghen, doen wy in desen noot waren, dat hem gheen dinck meer
en verwonderde, dan hoe dat Godt die Heer haer (die goede Christenen
ende Catholijcken waren) die Cabo altoos met soo groote ende stercke
tormenten ende schade liet passeren, hebbende soo groote ende stercke
Schepen, ende die Enghelschen dat ommers ketters ende Gods lasteraers
zijn, met soo cleyne ende swacke Schepen soo ghemackelijck die Caep
passeerden [65], ghelijck als in Indien die tydinghe was, dat zy een
Enghelsman ghepasseert hadden met groote faciliteyt. Aldus liepen wy
weder naer Moçambique, met groote desperaetheydt: want niemandt en
hadde lust yewers handt aen te steken, ende wilden qualijck die
Officieren obedeceren. Aldus varende, sagen veel vaten, berders [66] en
doot volck dryven, waer mede ons een weynich troosten, meenende datter
eenich ander Schip in het selfde lyden was, als wy, ende dattet sommigh
goet over boort geworpen hadden, ende oock nae Moçambique toe liep,
voor ons, waer mede meenden gheselschap te hebben, ende dat wy niet
alleen die ongheluckighe en waren: want men seydt gemeenlyck dat twee
ongheluckighen malkanderen troosten, soo ginckt met ons oock: maer God
gaf dat het alsoo gheweest hadde, als wy ons gissinghe maeckten: maer
het was (Godt betert) quader als wy wederom keeren: want waren die
teeckenen van het verloren Schip San Thome als wy naermaels in ’t Sant
Helena verstonden [67].
Den 15. vande selfde maendt creghen weder eene groote stilte, ende
duerden tot den 17. ende nemende die hooghte van de Son, vonden ons op
37. graden, tot groote verwonderinghe van al die in het Schip waren:
want wesende als gheseydt is op 35. graden, hadden vyf daghen met soo
grooten windt ende storm weder naer Moçambique geloopen, ende souden
naer alle menschen verstant gehooren gediminueert [68] te hebben, ende
maeckten onse gissinghe, dat wy behoorden op 30. ofte 32. graden te
wesen. De oorsake dat ons Schip aldus achterwaerts tegen onse cours
ghedreven was, naer die Cabo toe, meenende dat wy naer Moçambique
ginghen, was door die cracht van het water, die in die contreye altoos
met sulcke stercke stroomen nae die Cabo toe treckt, als ons die
Stuerman affirmeerden, dat hy sulcks wel meer bevonden hadde: maer noyt
ghedacht dat het water van soo grooten cracht was, als hy nu
merckelijcken by experientie ghemerckt hadde, soo dat het scheen dat
ons God mirakelues teghens alle menschen vernuft ende verstant, ende
alle cracht van storm ende windt, ons heeft willen die Cabo doen
passeren, als wy daer minder gedachten toe hadden, waer aen men
kennelijcken mach concidereren dat alle menschen dinghen sonder Gods
handt ende werck, is niet dan ydelheydt. Den selfden dagh saghen weer
groen water, ende die Voghelen, ghenaemt Mangas de Velludo, dat
ghewisse teeckenen zijn van de Cabo de bona Esperança, dat ons noch
weder eenighe hope gaf die Cabo te passeren, ende teghens den avont soo
quam ons een Swaelve aen boort, die al om en tom swerfde, waer mede een
groote blyschap in het Schip was, want seyden dat het een
voorsegghinghe ende teecken was, van onse lieve Vrouwe, die die sandt
om ons te troosten, ende dat wy die Cabo noch souden passeren; waerom
weer op een nieuw vergaderden, ende besloten dat wy noch eens souden
den wegh acometeren [69] om de Caep te passeren, ende dat aenghesien
soo veel goede teeckenen ons een waerschouwinge was, om goeden moet te
hebben, ende dat wy op God souden betrouwen. Dit ghesloten wesende,
hebben die Letanien ghesonghen, met Ora pro nobis, ende veel Aelmoessen
ghetrocken, met groote beloften van Bevaerden [70], ende dierghelijcken
dinghen, dat onse daghelijckse neeringhe was [71]. Hier mede is het
volck weder verquickt, ende wel gemoet gheworden, ende een yegelijck
thoonden zynen dienst ghewilligh, ende offreceerden alle liever haer
lijf ende leven te avontueren naer die Cabo toe, als met sekerheydt van
hare salvasion nae Moçambique te keeren. Wy hadden als noch grooten
overlast ende ghewelt van de Zee, die ons niet en verlieten tot aen de
ander zyde van de Cabo de bona Esperança.
Den achthienden April creghen wederom recht in de windt, met soo
grooten storm ende onweder als wy oyt te voren ghehadt hadden, ende
meenden gants ende gheheel verloren te zijn: want die Zee bedeckten
alle ooghenblick ons Schip, soo dat wy dickwils met water bedeckt
waren, ende moesten om eenighe verlichtinghe te kryghen veel Kisten
ende Caneel, ende ander waren diemen eerst by der handt kreegh over
boort smyten, in somma dat al die in het Schip waren, die moet gantsch
verlooren gaven, ende een yeghelijck hem biechten, ende malkanderen om
vergiffenis baden, meenende sonder meer hope, dat het onsen lesten tydt
was. Dese tormente duerden aldus over die vier en twintigh uren. Men
trock in het Schip veel Aalmissen, voor veelderley lieve Vrouwen ende
Santen, met grooter devotie ende beloften van wondere dinghen uyt te
rechten, aen landt comende. In het eijnde heeft ons God vertroost, ende
ons beter weer verleent, te weten, den 19. des avonts begost het weer
wat te beteren, ende creghen weder een weynich beter moet. Den 20.
namen die hooghte van de Son, ende vonden 36. graden, en saghen weder
groen water, ende sommighe Voghelen, die zy noemen Alcatrases [72] ende
veel Zee-wolven, welcke houden voor sekere teeckenen vande Cabo de bona
Esperança, ende waren nae onse gissinghe dicht by ’t land, hoe wel wy
geen en konsten sien. Dese dach creghen weder de windt wat ruymer, ende
hadden groote hope om die Cabo te passeren, ende het volck begost beter
te vreden te wesen, door die teeckenen die wy saghen. Alle dese dagen
sagen altoos groen water, tot den 22 April. Dese dagh worpent loot uyt,
des daechs tweemaels, ende des snachts naervolghende: maer en vonden
geen grondt, welcke goede teecken is vande Cabo, diemen heet das
Agulhas, ghepasseert te wesen. Dese Cabo das Agulhas leydt op 35.
graden, ende is noch 20. mylen van de Cabo de bona Esperança, die op
34½. graden leydt, ende om dat by dese Cabo das Agulhas, men altoos
grondt vindt tot 30. 40. mylen van de Custe, verstonden dat wyse
ghepasseert waren, aende coluer van ’t water, ende die voghels diemen
altoos in de contreye voorseker vint, ende oock tot meerder
versekerheyt, soo verlieten ons die groote baren ende Zee, die ons soo
seer altoos ghequelt hadden, soo dat ons scheen van de Hel in ’t
Paradijs ghecomen te wesen, met soo grooten vruechten dat wy meenden
herboren te zijn, en kreghen oock een goeden wint, dan seer
koutachtigh.
Den 23. van Aprilis, so passeerden wy die Cabo de bona Esperança, met
groote ende eene generale blijtschap, wesende 3. maenden en 3. daghen
dat wy van Cochijn t’ seijl ghegaen waren, sonder oyt landt ofte sandt
ghesien te hebben, dan alleenlijck seeckere teijckenen van de Cabo,
welcke weynigh gheschiet: want die Piloten doen altoos haer uyterste
neersticheyt, om die Cabo te sien, ende ’tlandt te mercken, om alsoo
voorseker te weten dat zy die Cabo ghepaseert zijn: want moeten alsdan
weder diminueren [73], en mochten soo haest naer Moçambique loopen, als
na Santa Helena; doch al waert dat sy het aende Zee ende ’twater
lichtelijck konnen mercken, soo ist haer nochtans noodich ’tlandt te
sien, om alsoo haren cours te setten naer Santa Helena, ende moeten dat
altoos houden aende slincker kant: want anders en waer haer niet
moghelijck het selfde te moghen aen comen, als zy dese cours verloren:
want soo zijt eens passeerden, en mogent niet weder om crygen, om
datter altoos maer eenen wint waeyt, dat is: eenen zuydtoosten wind. De
Cabo ghepasseert wesende kreghen terstondt voor de windt.
Den 24. April, soo beval den Stuerman dat men souden de Bona Viagen
[74], vande Cabo de bona Esperança gheven na ouder costuymen, met een
groote verblydinghe ende ghecrijs, van alle die in ’t Schip zijn: want
alsdan hebben die reyse versekert nae Portugael te varen, ende niet
weer naer Indien te arriveren: want soo langhe als men die Cabo niet
ghepasseert en hebben, ist altoos in twyfel; ende waren omtrent 50.
mylen die Cabo aen d’ ander zyde. Die teeckenen diemen voorseker hout,
ende die waerachtichste zijn van datmen aen d’ ander zyde is, zijn veel
tromben [75] ofte struycken van dick riet, die altoos daer seer veel
dryven 15. 20. mylen van landt, desghelijcks sekere voghelen die de
Portugesen noemen Feysoins; zijn wat grooter als Meeuwen, zijn wit ende
vol swarte spickelen over ’t gheheele lijf, zijn seer goet te kennen,
ende ’tonderscheyden van alle Voghelen. Dit zijn seeckere teijckenen
daer haer die Stuerluyden seer op betrouwen, ende altoos voor
waerachtigh vinden. Die Caep ghepasseert wesende, nemen haren cours
naer Santa Helena, noordtwest ende noordtwest ten westen. Den 27. April
cregen recht inde wint, ende duerden tot des anderen daeghs; doen
creghen wy een stilte, wesende in 30. graden aende zyde van Portugael.
Den 29. creghen voor de windt, welcke is den generalen windt die van
hier altoos waeyt, het geheele jaer duer, tot aende Lynie
Aequinoctiael, ende is eenen zuydtoosten windt duergaende, soo datmen
die seylen wel mach laten staen, en gaen liggen en slapen: want die
meeste wint die daer waeyt, is, datmen het mers seyl ter halver stenghe
stijckt.
Den 12. Meye smorgens inden dageraet, saghen wy het Eylandt van Santa
Helena, ende daer was soo grooten vruecht in ’t schip als oft wy den
Hemel ghesien hadden.
DIE EERSTE NEDERLANDSE VLOOT AAN DIE SUID-AFRIKAANSE KUS.
INLEIDING.
In die begin van 1492 het ds. Petrus Plancius, die geleerde Amsterdamse
predikant en intellektuele leidsman van die Nederlandse skeepvaart,
belangrike kaarte en inligtinge omtrent die reis na Indië van ’n
Spanjaard gekry. Om dieselfde tyd stuur ’n aantal Amsterdamse
handelaars vir Cornelis de Houtman na Lissabon om daar „secreete
informatie .... op het stuk van den Oost-Indischen en Moluckschen
handel” in te samel. Teen die end van 1492 keer Jan Huyghen van
Linschoten in sy vaderland terug en deel sy kennis mee. Twee jaar later
kom De Houtman van Lissabon terug, en ná verder raadpleging met
Plancius besluit die reeds genoemde handelaars, in die eerste
„Compagnie van Verre” verenig, om „de navigatie ende handelingen (op
Indië) in den name des Heere te beginnen.”
Op 2 April 1595 het die eerste Nederlandse vloot wat om die Kaap heen
Indië sou bereik, onder Cornelis de Houtman en ander bevelhebbers van
Texel geseil. [76] Onder die joernale van hierdie reis is dié van Frank
van der Does een van die interessantste. Hy was adelbors op die
Hollandia en was, soos uit die volgende uittreksel uit sy joernaal
blyk, onder dié wat by Mosselbaai aan land gegaan en met die
Hottentotte in aanraking gekom het. Dit was die eerste keer dat die
Hollanders met hierdie volk kennis gemaak het en op Suid-Afrikaanse
grond voet gesit het.
DIE EERSTE NEDERLANDSE VLOOT AAN DIE SUID-AFRIKAANSE KUS.
Uit die Joernaal van Frank van der Does [77].
Den eersten Augusto voor middach, hebben wy sien driven een groote
langhe struycke die genoempt werde Trombas, waervan Jan Huygen
verhaelt, waenneer dien gesien worden, niet verre van Cabo de Bona
Esperança te weesen; siende daer beneffens veranderinghe van vooghels
die zeer groot waere, waervan hy meede mensie maeckt van een vaste
zeeckerheyt te weesen; waerover wy alle zeer verblyt waeren,
verhoopende dat alsulcxs eerlanck by experientie bevonden zouden
werden, waernaer wy alle zeer verlangende waeren.
Den 2 en ditto omtrent 2 uren voor zononderganck, weesende zeer duyster
weer, hebben wy gesien het vaste landt Afryca, waerover wy alle zeer
verblyt ende verhuecht waeren, vermoedende naer de hoochte die wy doen
tertyt hadden, dat het Cabo Dos Agullas waere, overmits dat dezelve
Cabo op de 35 graeden der breede geleegen es, oock hebben alsulcke
hoochte. Het zelve lant was hoech, berch ende heuvelachtich ende es by
Oosten de Cabo Bona Esperanca geleeghen 2 ofte 33 mylen [78] o.s.o.
ende w.n.w. Wy waeren 5 ofte 6 mylen van daen, toen wy int gesichte
kreeghen..... Van daer aff hebben wy vervordert om aldaer lancx de
custe eenieghe rede ofte Baye te zoeken, daar wy eenighe verversinghe
tot preservatie onser ziecken mochten becoomen.
Den 4en ditto teeghen avont is de pynas [79] naer langhe soecken langs
den wall loopende, streekende aldaer meest o. ende w. met een westen
windt in een baye geloopen, alwaer wy hem met de andere scheepen
volgende, het loot geworpen hebben, weesende ¼ mylen van den wal, ende
hadden 20 vadem diepte blauw cleygrond met zandt gemengt, ende in de
baye coomende, hebbende wy het geanckert op 9 vadem goede ankergront,
maer weynich schuts hebbende voor eenen zeelycken [80] wint, soedat wy
den tyt, die wy daer laeghen noyt slecht [81] water hadden, maer ter
contrarye groote geweldighe deininghen die uyt ende daer naer de baeye
in quamen rollen. Deese voorn. baye was genaempt naer uytwyzen der
caerten Aguada de Sambras [82] ende is geleeghen op 34 graeden 0
minuten ende geseylt 23 mylen naer gissinghe.
Den 5 en ditto synder sommighe adelborsten, soe van het eene schip als
oock van het andere verordineert met St. Bueningen [83] onsen commys
aen landt te vaeren, waer van ick meede een was, ende syn met ieder ons
geweer naer landt geseylt ende een partye met een roeyjacht, ende alsoe
die in de schuyte waeren het ongeluck toesloech meer als de andere in
de jacht, is ons een zeer grooten storm beloopen, wesende 13 personen
in de schuyte sterck, daar mede wy op eenen leeghen wall gedreeven syn,
niet cunnende aen boort coomen, weesende de scheepen uyt het gesichte,
noch en dorsten oock niet stranden, eensdeels om de groote barninghen
[84], die sonder twyffel int stranden de schuyte ende eenighe van ons
luyden ofte allegaeder vernielt soude hebben, ten anderen dat wy
vreesden aen lant coomende, dat ons die Africaense wilden souden doot
geslaeghen, jae opgegeeten hebben. Sulck perickel niet genoech
weesende, soe syn ons noch aen boort ofte by gecoomen twee groote
walvissen, die wy vreesden, dat se de schuyte in eynden geslaeghen
soude hebben, twelck niet all zonder zorghe was, soe dat wy genoechsaem
in duysent vreesen ende perickelen des doots stonden, daer wy door
Godes hulpe, naer dat het den gansen daghe tot savonts laedt geduyrt
hadde, uyt verlost werden, niet sonder groote blytschappe, als men
bevroeden mach, ende alsoe wy eerst aen het schip Maurytius quamen,
daer wy eenich volck uyt sette, vonden wy aldaer onsen schipper [85],
die ons met grooter blytschappe wellekom heette, niet anders meenende
ofte wy hadden alle gelyck om hals geweest, merckende daeruyt de
goedherticheyt van onsen schipper booven alle de andere.
Wy hebben daernae met de wilden aldaar gehandelt, die om wenich waerdye
van yser een gans hoorenbeest gaff, oock sommighe schaepen meede voor
dezelve prys, als een oude dissele ofte oudt brootmes, daer condt ghy
een geheel os voor coopen, welcke ossen ofte hoorenbeesten eenen zeer
grooten bult van smeer ende vlees op haer rugghe hebben, zeer vreemdt
om (te) sien. De schaepen haeren staerten hebben meer smeers ende vet
als aen twee ofte 3 jae 4 schaepen by ons aen haer ganse lyff hebben,
wandt de staerdt werdt voor tbeste quartier gehouden ende hebben aldaer
5 quartier, twelck ongeloofflyck schynt te weesen, gelyck nochtans
alsulcx alhier van dezelve verhaelt staedt, waerachtich es, yder staert
een halff elle dick synde int ronde, al gevild synde. Sy en hebben oock
aldaer geen woll, maer cort haer als de calvers in ons lant. Ende
hebben den tyt die wy daer laeghen van haer met vrintschappe goede
verversinghe van water, ossen ende schaepen verkreeghen, die wy van
haar voor eenen cleynen prys affkochten ende met stucken van oudt ysser
betaelde. Wy vonden oock in de baye een cleyn eylandeken, alwaer by
duysenden zeewolven op waeren ende groote watervogelen die genaemt
werden pinguyns, weesende zeer vreemdt van maecksel, want en conden
niet vliegen ende hadden corte vleugelen, sonder pennen ende veeren. De
huyt was gelyck cort zeehonden haer, waervan wy eenighe van de wolven
ende vogels hebben met gewelt gevanghen ende met handtspaecken doot
geslaeghen, want sy waeren van beyden in soe grooten getale, dat se met
een gedruys op u aen quamen vallen, soe dat men genoech te doen hadde,
dat men tgedierte van hen aff conde keeren. Sy waeren seer vreemdt van
smaeke, maer overmits de nieuwsgiericheyt hebben ’t alle voor goedt
vleys gegeeten, hoe well den smaeck niet seer soedt was.
CORT VERHAAL VAN DE INWOONDEREN [BIJ] AGUADO DE SAMBRAS.
Alsoe ick in dezelve baeye beneffens sommighe anderen weesende 18 p.
sterck wel 2 mylen met de inwoonderen int lant geweest ben, alwaer wy
dezelve wel besaeghen ende hoorden spreecken. Sy syn cleyn van parsoon,
leelyck van gesichte, haer haer opt hooft staedt oft affgeschroyt waer
van de zonne ende sien daeruyt eeven gelyck een dieff, die door het
langhe hanghen verdroocht es. Sy gaen gans naeckt, dan hebben een
staert van een wilt cleyn gedierte voor haer schamelheyt, twelck door
de staert seer weynich bedeckt es; daer beneffens hebben zy in plaetse
een cleedt een wilde beest syn huydt om den hals hangen, die van het
smeeren wel sterck ruycken ende stinken, alwaer het haer noch opstaedt,
twelck het buytenste is, ende hanght haer omt lyff gelyck een mantel.
In plaetse van schoenen hebben sy twee dobbele leer lappen [86], die sy
onder haer voeten in plaetse van aen de teenen vastbinden. Sy hebben
seer oolyck geweer, waervan ick een meede daer van daen ghebrocht
hebbe, synde het fatsoen van een spiets, synde een duym dick ende 8
ofte 9 voeten lang, sommighe met een yseren spits ende sommighe niet.
Belangende haer spraeck is eeven gelyck ofte men een deel Calcoense
hanen hoorden raesen, eeven gelyck is oock haer spraecke, daer van gy
weynich anders cont hooren als clocken ende flueyten. Oock souden sy
well, naer dat men conde mercken yemant van ons luyden gegeten hebben,
want sy weynich werck maekte om rauwe dermen te eeten daer sy den dreck
met eenen vingher maer een weynich uytgestreecken hadden, waerdoor wel
stondt te vermoeden dat het menscheneeters moeten weesen [87]..... Wat
haere vrouwen ofte wooninghen aengaen ende haer superstitie en heeft
niemant van ons luyden gesien, vermoedende dat ze verre int lant mosten
woonen [88] als wy luyden met haer geweest hadden. Belanghende het lant
was hooch, clippich ende steenich sonder eenighe vruchtbaere boomen,
die wy aldaer geen gesien en hebben, daer wy int lant waeren.
Den 11en ditto s’avonts met son onderganck hebben wy onse anckers
gelicht met grooter pyne, overmits de veele crancken die wy binnen
scheeps boort hadden, pogende om onse voiage te vorderen.
UIT DIE DAGVERHAAL VAN JAN VAN RIEBEECK.
INLEIDING.
Ons gee hieronder ’n paar uittreksels uit die dagverhaal van Van
Riebeeck. Hierdie joernaal het hy aangelê en bygehou in opdrag van sy
meesters, die Here XVII, wat hom instruksies saamgegee het, waarin o.a.
voorgeskrywe word dat hy „correcte notitie ende dagregisters zou houden
omtrent hetgeen voor zou vallen.” Op die belang en die aantreklikheid
van die dagverhaal van die eerste kommandeur van die Kaap is dit nie
nodig weer die aandag te vestig nie; dit is reeds ten oorvloede gedaan
geword deur al die skrywers wat die stigtingsperiode behandel het. Tog
bly dit ’n feit dat ofskoon die dagverhaal reeds driemaal die eer van
uitgawe geniet het [89], daar selfs in ons eie land maar min persone
sou kan gevind word wat die moeite geneem het om dit van begin tot end
deur te lees. Waarskynlik word die leser afgeskrik deur die
buitengewone lengte van die verhaal (byna 2,000 bladsye in die uitgawe
van die Historiese Genootskap), die gebrekkige styl en die verveligheid
van sommige altyd terugkerende mededelinge en opmerkinge. Dit sou egter
jammer wees as hierdie onmiskenbare gebreke van die teks sy ewe
onmiskenbaar goeie eienskappe uit die oog sou doen verloor: sy
betroubaarheid, sy verskeidenheid en rykdom van informasie, sy
aanskoulikheid van voorstelling. Daarom het ons dit goed geag om hier
party van die mees skilderagtige toneeltjies oor te neem en aldus te
laat sien watter hoogs boeiende lektuur ’n mens in die langdradige
joernaal, met ’n bietjie goeie wil en geduld, kan ontdek. As dit die
leser(es) mag bring tot ’n nader kennismaking met die dagverhaal, dan
sal ons reeds een van die doeleindes waar hierdie uitgawe na streef,
bereik het—nl. die opwek van belangstelling in ons historiese
bronneliteratuur. In hierdie verband wil ons daarop wys dat die
dagregister van Van Riebeeck trouens nie ’n alleenstaande verskynsel is
nie. Ook die later kommandeurs en goewerneurs van die Kaap het almal
sonder uitsondering, volgens die algemene gebruik in die besittings van
die O.I.K., aantekening gehou of laat hou van die vernaamste
gebeurtenisse wat van dag tot dag onder hulle aandag gekom het; die
ononderbroke reeks dagregisters van 1651 tot 1795 vorm dan ook een van
die mees belangrike en omvangryke versamelings historiese beskeide wat
ons in die Kaapse argief kan aantref [90].
UIT DIE DAGVERHAAL VAN JAN VAN RIEBEECK.
24 April, Ao 1652.—De wind westelijk met redelijk weer, zijn wij met al
onze bagagie en familie na land gevaren, om aldaar te blijven in een
loose planken tent, bij provisie wat rouw opgeslagen, opdat het werk
wat beter mogte voortgaan [91]. Dezen voorleden nacht had het volk aan
land een groote zeekoe gevangen, wel zoo zwaar als twee gemeene vette
ossen, hebbende een zeer afgrijslijk monstreus hoofd en verscheide
scherpe uitstekende tanden, waarvan de langste ⅞ el lang waren, met een
korte hals en lage beenen, de voeten bijna van fatsoen als rhinoceros
voeten, edoch gekliefd in vier partijen. Was zeer fel en wreed, en
hadden genoeg te doen om te bedwingen, onaangezien met eenige kogels
agter de ooren door het hoofd getroffen was, wesende de huid wel een
duim dik en zoo hard, dat op sommige plaatsen geen musketkogel door
konde geschoten worden: des hem regt voor in het hoofd lieten dood
schieten, en het volk eten, alzoo het van goeden smaak was, loopende de
melk uit de uyeren.
3 November, 1654.—Heden heeft ons wiltschut, op ’t versoeck van de
Hottentoos, een leeuw doodschooten, wel soo groot als een redelijk
koebeest, welcke onder de Hottentoos haer beesten was, sigh verborgen
hebbende achter ende in eenige bossjens, ende oock een van de
Hottentoos seer deerlijck met de claeuwen gequetst, die geen raedt
wetende denselve om te brengen, schoon sij met hunne hasegaijen ende al
de koebeesten hem hadden omsingelt, onsen wildschut omtrent haer
vernemende, hadden versocht denselven doodt te schieten, gelijck hij
met sijn snaphaen seer geluckelijck in d’ eerste schoot effectueerde,
tot groote verwonderingh van de gemelte Hottentoos, dat soo fellen
beest met een schoot soo strack ter neder gevelt wierd, ende ingevolge
oock tot niet minder verschrickinge ende vreese voor ons schietgeweer.
8 Januario, Ao 1655.—Fray weer ende wint als voren. Quam ons een van de
soutgarders aendienen, dat sij in de soutpannen een renocheros hadden
geschoten, die noch levendigh was ende soo diep in de modder van de
soutpannen gesoncken lagh, datter niet coste uytcomen; derhalven wij
uyt curieusheydt eens derwaerts (omtrent 4 à 5 mijlen van hier) gingen
om te sien, daer hem noch levendigh vonden, ende voorts lieten doot
schieten: maer in gevalle op harde grond had geweest souden hem weynich
of niet hebben cunnen schaden met schieten, alsoo meer als honderd
schoten had eer hem doot cregen, stuytende veele cogels op ’t lijff
weder aff, principalijck op sijn sijde, daer wij met bijlen een stuck
lieten uithouwen ende alsdoen tusschen de ribben in ’t ingewant schoten
ende alsoo doot cregen [92].
Junius, Ao 1655.—Primo do. ’s Morgens goet weer ende wint Westelijck.
Verleden nacht hadde weder een lupert [93] in ’t hoenderhuys geweest,
door versuym van den hoenderwachter, welcke ’t gat onder aen de deur,
daer de hoenders uyt- en ingaen, hadde open gelaten, sulcx dat
denselven weder 3 van onse 5 gansen (door d’ Heer van Goens [94] ons om
aen te telen gegeven) hadde doot gebeten.
Omme welcken lupert te dooden off te vangen, den stalknecht ende
sieckenvaer [95] (onder een dack, doch met rijs gevlochten muyren
affgeschoten, wonende, soo wel de paerden als oock de siecken) haer in
voorsz. hoenderhuys hadden begeven, ende nadat den sieckenvaer (een
seer stout persoon wesende) op den lupert had geschoten ende denselven
eenighsints gequetst, was hij op hem gesprongen ende eenige claeuwen in
’t hoofft slaende, oock sodanigh in den arm gebeten, dat genootsaecht
was den lupert los te laten, die oock den gemelten stalknecht
eenigsints in ’t hoofft gequest had, doch sonderlingh niet te beduyden.
Maer den sieckenvaer, voor desen meermael mette luperts in voorsz.
gelegentheyt doende ende gequest hebbende geweest, was lustigh
principael in den arm getroffen.
Een bijsondere saeck wierde gesien aen onse koebeesten in ’t crael,
daer voorsz. hoender, paerden ende sieckenhuys staet. Deselve den
gemelten lupert in ’t verhaelde hoenderhuys vernemende, hadden haer
altemalen, dight op een getropt ende de horens na de deur toe, in een
halve mane gestelt, sulcx den lupert genoegh te doen had om hem uytter
koebeesten hoorns te redden ende ontvluchten, hoewel deselve beesten
(na onse opinie) met haer bukken genoeghsaem hare vreese voor dat wilt
gedierte te kennen gaven. Ende heefft ons dickwijls gebleecken, dat de
luperts, leeuwen off tijgers, geen quaet aen de koebeesten hebben
cunnen doen, dewelcke haer oock somtijts in ’t ronde hebben gestelt,
ende de kalven alsoo achter in haren gemaeckten cirkel sodanigh
bewaert, datter noyt imant van ’t wilt gedierte heefft cunnen ontrooft
worden, ’twelcke somtijts seer speculatyff om sien is geweest.
16 Juny, 1656.—Desen morgen door den stalknecht de paerden wat vroegh
uytgelaeten sijnde om te weyen, is een van deselve (den cloecksten
henghst) van ’t wild gedierte totaliter verscheurt geworden, waerby wy
al groote incommodatie comen te lijden, vermits den grooten dienst die
deselve elck voor sijn hoofft meer als voor 10 man cunnen doen in ’t
ploegh trecken, cley, steen ende timmerhoudt halen uyt ’t bos, als
andersints. Schijnt in ’t natte saysoen ’t wilt gedierte hier omtrent
principaelst te regneren, ende dierhalven al stercker ende hechter
stalling voor de paerden moeten maken om voor dat wilt gediert bewaert
te mogen wesen.
Omtrent halff voormiddagh den Commandeur wandelende in de thuynen,
bevond deselve over al door wiltspoor dapper betreden, ende weynigh
daer nae, niet boven 40 a 50 treden schuyns voor hem even buyten de
thuynen, een wackeren leeuw opspringen ende sijn loop (maer al
sachiens) naden Taeffelbergh nemen; derhalven hem door den sergiant
ende wiltschut, neffens noch 4 a 5 andre soldaten met snaphanen liet
vervolgen, waerop oock datelijck wel omtrent een paer hondert
Hottentoos met al haer schapen ende koebeesten denselven oock naedreven
ende tegen ’t hangen van den Taeffelbergh in een diepe clooff sulcx
besetteden, dat hij nergens als voorwarts door de schapen moest
breecken, welcke de Hottentoos gestelt hadden als haer borstweer recht
voor den leeuw daer hij onder een struyck verholen lagh, ende bleven
sij staen buyten de schapen tusschen deselve ende haer koebeesten. Als
den leeuw dan sigh bloot gaff ende al brullende wilde uytbreecken ende
na een schaep grijpen, schoten sij met haer hasegayen telckens over de
schapen na hem toe met een groot gebaar van schreeuwen, daer over den
leeuw dan weder terugh deynsde, seer speculatyff om siende, doch
dewijle deselve hem niet wel costen raecken, soo deed voor eerst den
sergiant (beneffens onse wilt-schut ende andre daer omtrent 8 a 10
treden mede dicht bij de leeuw weesende) een mis- ende den wiltschut
een treffelijcke wisschut met 3 kogels recht in sijn hoofft, dat hij
datelijck doot ter neder viel, als wanneer de Hottentoos lustige mannen
schenen ende hen met de hasegayen sochten voorts hondert steecken nae
sijn doot te geven, doch wiert haer, na dat noch al 3 a 4 haysegayen in
’t lijff gecreegen had, belet, om ’t vel niet te schennen ende fray op
gevult inde groote sael (tot de kerck g’approprieert) op te hangen, ten
welcken eynde met een kar thuys gebracht ende aldaer gewoogen sijnde,
bevonden wiert swaer te sijn 426 ponden hollants [96], langh behalven
den staert (die 3½ voet rijnlants [97] langh was) 5½, ende bij de
billen ofte over ’t lijff hoogh op sijn voeten staende 3½ idem voeten,
sulx wel soo cloeck was als een gemeen Engels of Javaens paertie.
Opgesneeden sijnde wierd in den maegh bevonden noch veel van ’t
paerdenvleys, dat desen nacht verscheurt hadt, ende eenige
egelverckenspennen ende poten etc.
17 dito, is op dato, ten aensien het wilt gediert aen Compagnies vee
dus veel schade doet, bij resolutie goetgevonden tot premie te stellen,
voor een leeuw, die gevangen oft geschoten wordt 6, een tijger oft
wolff 4, ende een lupert 3 realen van 8 [98], sijnde den wiltschut voor
eerst betaelt 2 cannen spaense wijn, 3 lb. tabacq ende 2 realen van 8.
Alsoo bevonden is, dat nu de romp van voorsz. leeuw buyten voor de
poort van ’t hoorenwerck [99] leggende, den verleden nacht ’t wijffien
was comen ruycken ende soecken, mitsgaders daervan oock had gegeten,
wierdt er desen nacht verholen wacht omtrent gehouden, om ’t selve
mogelijck sijnde oock te attrapperen, maer is niet weder vernoomen.
17 April, 1658.—Is begonnen ordre te stellen op het schoolhouden voor
de Angoolse compagnies-slaven ende slavinnen, per Amersfoort uyt de
Portugese prijs gecomen [100], welcq school te houden des morgens ende
’s namiddags, den sieckentrooster Pieter van der Stael [101] van
Rotterdam, beneffens sijn cranckbesoeckersbedieninge is opgeleyt, te
meer dewijl seer goet ende prompt in ’t lesen is van recht Hollants
Nederduyts, ende omme de gemelte slaven te beter tot het school ende
hooren oft leeren van de cristelijcke gebeden te animeren, is mede
belast na ’t eyndigen elcq een croessjen brandewijn ende 2 duym tabacq
te geven etc, alsoocq alle hare namen aengeteyckent, ende die geen
hadden, namen gegeven, soowel gepaerde als ongepaerde, jongh ende oudt,
alles in ’t bijwesen van den Commandeur, welcke sigh daervoor eenige
dagen sal laten bijvinden, omme alles terdegen in ordre ende dat volcq
onder de behoorlijcke dissipline te brengen, waertoe ’t begin sigh
redelijcq schijnt te verthoonen. Wordende oock elcq na behooren
gecleedt voor de coude, die nu dagelijcx begint aen te comen, alsoocq
de cloeckste hier ende daer aen ’t wercq gestelt, omme soo haer
doenlijck van deselve dienst te mogen trecken.
5 May, 1660. Ende quam tegen den avont den oversten van de Gorachouquas
[102], Choro genaempt, met een gevolgh wel van 100 man noch aen ’t
fort, daeronder meest al sijn oudsten ende principaelsten,
medebrengende 13 redelijcke oudt en jonge koebeesten tot vereeringe,
met versoeck die in teycken van sijn aanbiedende vrundschap wilden
aennemen.....
Hemelsvaertsdagh den 6 dito is des morgen voor de predicatie, den
gemelten oversten der Gorachouquas ende gevolgh met wedervereeringen
van coper, cralen, tabacq ende pijpen begifticht, wel de dubbelde
waerde van de voorsz. koebeesten, ende na de predicatie oock
getracteert wordende met eeten ende drincken, mitsgaders de baly met
aracq ende brandewijn ondereen gemengt, midden in ’t pleyn van ’t fort,
open gestelt sijnde met een locjen [103] daerin, soopen dit volcq soo
droncken ende vol, datter de seltsaemste cuyren van de werelt aengesien
wierden, soo met singen, dansen, springen ende meer andre vreemde
continantien, vallende nu den eenen, dan den anderen van dronckenschap
onder de voet, welcke dan van die nogh wat schappelijck waren,
opgenomen, buyten ’t fort gedragen ende aldaer in ’t gras te slapen
geleyt wierden, behalven den voorsz. oversten, die hem redelijck
schappelijck hielt ende sigh niet boven halff vol en dronck, neffens
drie a 4 van sijn oudsten, dogh eenige van die schenen haer echter niet
te cunnen onthouden mede te danssen, ende de wijven clapten soo hard in
de handen, dat men ’t wel 150 roeden buyten ’t fort hooren conde, sulcx
dat sij schenen op haer maniere een heel vreedens triumph ende vreughde
te houden [104].
30 September, 1660. ’s Namiddags quam den oppersten ofte coningh van de
Chainouquas, genaempt Sousoa [105], selffs met sijn soons vrouw op een
grooten os sittende ende geleyt wordende door een van de
ruyterwachters, binnen ’t fort gereden, daer sij door een van sijn
volcq op de schouderen affgeholpen wierd, medebrengende 33 stucx oude
en jonge koebeesten, die altemaelen voor coraelen, ende 15 schapen,
welcke voor coper, tabacq ende pijpen ingeruylt sijn, mitsgaders
voorsz. Sousoa ende volcq vrij goede cier aangedaen, seggende dat hem
sijn volcq geseght hadde, den Commandeur sijn zoon voor broeder ende
hem voor vader wilde aannemen, ende dat hij derhalven daerom sijn
nieuwen soon eens quam besoecken ende besien wat het voor een man was
etc., waerop na vereysch g’antwoort wierd ende over ende weder
presentie gedaen, van onveranderlijcke ende altijtduyrende vruntschap
te onderhouden, seggende: ten dien eynde noch nader wilde affcomen,
opdat men den anderen te beter over ende weder souden cunnen bereyssen
om coopmanschap te drijven, daer hij hem soo ’t scheen seer genegen toe
thoonde, werdende derhalven met kaes, vers broot ende suycker in een
tinne schotel getracteert, ende op een matjen in des Commandeurs camer
met voorsz. smeerige princesse (sijn soons vrouw) te sitten geset,
sulcx noch noyt ymandt gedaen is, item oock eens op de claversingal
gespeelt, alle ’t welcke hem wonderlijck aengenaem scheen, mitsgaders
’t bier, Spaens ende France wijn seer wel smaeckten, doch sooveel niet
na sigh nam dat beschoncken wierd, werdende sijn volcq op de voorsael
met hart broot ende brandewijn soodanigh getracteert, dat se lustigh
songen ende sprongen ende wonderlijcke aperijen aenrechteden.
Voorsz. Sousoa ende soons vrouw de huysingen onder ende boven hebbende
laeten besien, ende gevraeght oft er wel volcq in ’t landt woonden die
mede sulcke huysen hadden, antwoordt: jae, maer wat op ander maniere
ende oock vast woonende,—wijsende naer den ringh aen des Commandeurs
vinger, dat die luyden oock sulcq gout hadden, ende wijders aen ’t eynd
van sijn eygen pingh, hoe groote ende cleyne witte blinckende
gesteenten hij bij deselve gesien hadden, waerop hem France ende fijne
gesteente, soo diamant als robijn ende ander coleur, item mede
paerlkettingen etc. verthoont wordende, seyde, dat noyt anders gesien
oft vernomen hadde als gout ende witte steenen, wijsende op diamanten,
ende dat hy met dat volcq genaempt Chobona oft Choboqua [106] goede
kennisse had, oock wel sijn best doen wilde ymant van deselve herwaerts
te crijgen, om de waerheyt aen ons te verthoonen etc. Ende alsoo
seecker groot volcq (mede Hottentoos als hij) hem om syn macht seer
jalours waren, ende daerom alle mogelicke affbreuck allomme sochten aen
te doen, dat nu noch meer soude geschieden om hem den ommegangh met ons
te becommeren; soo vraegde hij, off men hem tegen sijne vijanden, als
se hem quaemen overlastigen, wel souden cunnen goetvinden met soldaten
te adsisteren, waerop g’antwoord wierd, indien hy raedt wist ons van
bestiael genoegsaem te voorsien ende te maken dat de Chobonas met haer
gout ende gesteenten tot ons affquaemen, jae, mits het oocq geen van
onse g’allieerde hieromtrent ende voornaementlijcq de Cochoquas [107]
en waeren, met wiens oversten Oedasoa[107] wij vruntschap besproocken
hadden etc.
Hy gaft tot antwoort: voorsz. sijne vijanden waren andre, ende versocht
de gemelte assistentie tegens deselve niet, als met meeninge om eerst
blijcq van sijn seggen te thonen; den Commandeur wist noch niet wat hy
voor een man was, maer den tijt soude het hem doen openbaeren, willende
met sijn principael leger in ’t Hottentoos Hollandt 1½ daghreyssens van
hier comen woonen, om dagelijcq met den anderen verder te cunnen
spreecken, ende sijne andere troppen ende volcq maer hier ende daer na
gewoonte in vliegende legers laten heen ende weer gaan, met meer andere
redenen die niet vreempt scheenen.
Den 1 October quamen noch eenige van Sousoas volcq met 10 beesten na,
die mede voor coraelen gereuylt wierden ende 5 schapen voor coper,
welcke schapen, vermits ’t coper, jegenwoordigh yder wel sooveel costen
als drie beesten, die, voor coraelen gereuylt wordende, jegenwoordigh
niet boven de 9 a 10 stuyvers ’t stuck comen te staen, eenlijcq
beswaert het tractement van eeten en drincken wat voor sooveel volcq,
daer se telckens mede affcomen.
Den 2 dito, voorsz. Sousoa met sijn soons vrouw ende volcq sigh gereet
maeckende om te vertrecken, is denselven voor hem en dito vrouw,
alsoocq sijn broeder ende een ander soon mede bij hem sijnde met
navolgende considerabel schenckagie vereert, te weten:
42 lb. geele ende } coper,
8 lb. root }
6 dosijn coraelen ende france silver kettingkens,
3 paer france steene breseletten,
4 lb. tabacq,
4 lb. root corael,
9 stucx ijsere hoepen [108],
17 lb. staffijser,
2 bijlen,
3 drijffijsers,
7 mingelen [109] brandewijn,
2 spiegeltjes, ende wel
100 lb. hart broot,
alle hetwelcke, hem ende dese drie dagen genoten tractementen seer wel
behaegende, scheyde met een bijsonder goet genoegen, latende syn soons
vrouw op een witten bonten os setten, ende hij, des vissers huys
gepasseert sijnde, gingh op een roden os sitten, hebbende tusschen ’t
fort ende daer, met Eva te voet gaende, van veel saecken gesproocken,
ende haer ’t volgende gerecommandeert den Commandeur te seggen,
namentlijck:
Dat als den Commandeur den tijt maer wilde verbeijden, wel soude
mercken, dat hij de man was, die hem coste contentement doen, doch dat
versocht mochte worden, ’t gene de Choboquas voor haer gout ende
gesteenten begeeren, door sijn handt mocht passeren, om by haer soowel
als ons voor principael oorsaecq van die negotie etc. erkent te worden,
hebbende rede door ’t landt al sijn volcq vrije toegangh ende de wegh
open gestelt, ende consent te geven om tot ons te mogen comen handelen
etc.
Voorsz. bonten os, daer sijn soons vrouw op sat, was mede ingereuylt
ende, om sijn gecregen goet te beter te dragen, hem op sijn versoeck
geleendt, die hij beloofde by d’ eerste gelegenheyt met meer beestiael
wederom te senden.
Sondagh den 3 dito quamen even na de predicatie weder 13 a 14 persoonen
van de Chainouquas, met 27 stucx schoone beesten, waervan 24 voor
coraelen ende drie neffens 6 schapen voor coper ende tabacq ingeruylt
wierden, hebbende dese luyden in ’t herwaerts comen haren coninck
Sousoa gemist ende geseght, datter morgen noch meer volcq van de haere
met bestiael souden hier comen, als leggende rede in ’t Hottentoos
Hollandt gelegert, daer doorgaens hun loos rendezvous [110] meenen te
houden, tot sigh Sousoa daer sal vast gelegert hebben.
Dit wil een wackere knip op onse buyren haer neus wesen, vermits dese
plaetse altijt haer beste weyden sijn geweest, hebbende, sedert Sousoa
hier geweest is, sigh niet een Caepman noch Saldanhars oft ymandt
derven verthoonen, ende de Strantlopers (hier altijt omtrent woonende)
oocq niet derven hun ergens bijvougen, sulcx het schijnt desen Sousoa
al vrij ontsien moet wesen.
UIT P. DE NEYN SE „LUST-HOF DER HUWELYKEN.”
INLEIDING.
Heelwat minder bekend as Van Riebeeck se Dagverhaal en heel verskillend
van aard is die Lust-Hof der Huwelyken van Meester Pieter de Neyn
[111]. Dit het maar gedeeltelik betrekking op die Kaap; maar die enkele
bladsye wat oor Suid-Afrikaanse toestande en gebeurtenisse handel,
bevat besonderhede wat ons nòg in ander skrywers nòg in die bestuurlike
stukke van sy tyd kan kry. So, b.v., sy uitvoerige beskrywing van die
manier waarop die destydse Hottentotte gewoond was om ter dood
veroordeeldes met stokke dood te slaan. Pieter de Neyn was die seun van
Cornelis de Neyn, pensionaris van Alkmaar en raadsheer in die hof van
Holland. Hy het gepromoveer in die regte; maar ná ’n kort praktyk as
advokaat het hy, teen die sin van sy vader, besluit om sy vaderland te
verlaat en sy geluk in die vreemde te gaan beproef. Op grond van sy
regskundige kennis en ondervinding het hy die aanstelling verkry tot
advokaat-fiskaal van die O.I.K. aan die Kaap. In Februarie 1672 hier
aangekom, het hy maar ’n paar jaar die fiskaalsamp uitgeoefen. In
Oktober 1674 verlaat hy die Kaap op reis na Batawië, soos hy self sê
ten minste, om aldaar promosie te gaan soek. Ook in Batawië het hy
egter nie alte lank vertoef nie; want end 1675 keer hy met ’n gebroke
gesondheid na Patria terug, volgens sommige, as ’n gevolg van sy
losbandige lewenswyse. Hy self gee in die voorwoord ’n gans ander
uitlegging van sy siekte (verhitheid en ’n koue bad in ’n rivier); maar
die feit dat hy as fiskaal van die retoervloot afgesit word, „om syn
gedeboucheert leven” en „onbequaam geoordeelt wert tselve ampt met
fatsoen te becleden,” [112] skyn wel die bewys te lewer dat sy
beskuldigers nie alte ver van die waarheid was nie. Ook die inhoud en
toon van sy gedigte, die Vrolycke Uyren, wat in die uitgawe van 1697 ’n
vervolg vorm op sy Lusthof, en waarvan party taamlik grof en onkies is,
kom hierdie vermoede nog versterk. Dit was ná sy aankoms in Holland dat
hy vir tydkorting „iets geneuchelijks” onderneem het, nl. die
saamstelling van ’n beskrywing van die huweliksgebruike van die
verskillende volke van die wêreld. Dit is ’n louter kompilasie, getrek
uit ’n massa van ander werke, veral reisbeskrywinge, en bevat dus maar
min wat nuut en oorspronklik is. Alleen die dertien bladsye wat hy wy
aan Kaapse aangeleenthede (nie slegs huweliksgebruike nie) berus op
persoonlike kennis en regstreekse informasie. Ongelukkig het hy net op
sy geheue moet afgaan, want hy vertel ons dat op sy tuisreis sy
joernaal en briewe soek geraak het; vandaar sekere onnoukeurighede, wat
egter ruimskoots vergoed word deur sy lewendige manier van vertel en sy
plastiese wyse van beskrywing.
DIE MOEILIKHEDE MET DIE GONJEMANS.
Wanneer Fiscaal aan de Caap van Goede Hoope was is ’t voorgevallen dat
vijf vrij-borgers, met namen Hendrik Tieleman [113] (die Burgermeester
van het vlekje onder ’s Compagnies kasteel gelegen was geweest), Hans
Ras [114], de jonge Mostaart (wiens broeder [115] doenmaels regeerend
Burgermeester was), benevens noch drie anderen, welkers naamen my voor
tegenwoordig niet komen in gedagte te schieten; de vyf geseide borgers
waren met den anderen in Compagnie met twee wagens ende vier paerden,
beneffens mondkost voor twee of drie weken gereden naar de Groote
Revier, omme aldaar (gelijk meermalen gedaan werd) zee-koeyen so om te
verkoopen, als voor eige provisie te schieten [116], wanneer aldaar
door een, grote trop Garachouquas, anders Gonjemans [117] door de
wandelingh by de onse genoemd, met welke doemaels die van de
Oost-Indische Compagnie in oorlogh leefden, onverwacht overvallen
wierden; dese roovers ontsetteden aldereerst dese vrijluiden haar
geweer, paarden en de wagens, haar persoonen daar naar mede besettende;
maar de voornoemde Mostaart, die te paard beneffens de wagens was komen
rijden, ontvluchte haar moordadige handen; de andere vier so met
hasegayen als met kirrien (by haar sogenoemd, dat doorne stokken sijn)
op het jammerlijckst om halsraackten, welke droevighe tijdingh aan het
Fort of Kasteel door den ontvluchten gebracht wierd [118].
Weinig tijd daar na wierden vier van dese moordenaars door
Hottentotten, dat haare vijanden ende onse vrienden waren op een
Sondaghen morgen [119] als gevangenen voor den Heer Ysbrand Goske, die
doenmaals goeverneur van het Caapsche Territoir was, gebracht, die my
aanstonds daarop liet by sijn Ed. ontbieden, met eenen my aendienende,
dat sy Hottentotten die haar gevangen gebracht hadden, versochten in
ons by wesen daar selfs op haar manier straf over te doen—of ook yetwes
als fiscaal daar tegens hadde, waar op seide van harten blijden te
wesen van de moeite van verdere proceduren ontslagen te sijn ende mede
seer gaarne wilde aanschouwen, hoedanig die natie met soodanige
moordenaars te werk souden gaan [120].
Wy dierhalven met de andere Raeds-Persoonen, op het hoorn-werk [121]
boven de poort, daar doenmaels de luitenant Koon [122] woonde, sagen
met gemak beneden op het strand recht voor de poort dese vier quanten
om hals brengen, dat op dese manier aangevangen wierd.
Wel twee op drie honderd [123] van die Hottentotten die haar gevangen
hadden, waren altemael versien met so een doorne stok of kirry, omtrent
een duim dik en vier of vijf voet lang, sijnde alle moeder-naakt
uit-gesondert een klein velletje een voet omtrent in ’t vierkant dat
voor haar schamelheid hingh een Cha-karos by haar genoemd, gelijk ook
de geseide vier gevangenen mede toe-gedost waren uit-gesonderd de
kirry. Sy dan sprongen en dansten met een groot gefleuit ende
geschuifel, musicaalsgewyse, ’t welk een soete ende aangename harmonie
maakte, in een ronde kringh rondom dese patienten die tusschen beiden
als ter dood verwesen, bitterlyk stonden te weenen.
Weinigh tijd daar naar, om meerder wraak te nemen van de vermoorde
borgers, sond de heer Goeverneur vijftigh Compagnies dienaren met
snaphanen voorsien onder ’t geleide van den Vaandrager Krose, beneffens
eenighe vrywillige borgers te paarde [124] onder ’t gheleide van haar
hopman en borgemeester Elbert Diemer [125] te landewaart in,
vergesellschapt met de voornoemde Hottentots kapiteinen met haar
volkje, die voor gidsen en naderhand voor vee of roof-aan-drijvers
dienden (want tot het vechten dienden sy weinigh) welke gesamentlijk
(sijnde maar een vryman op dien veld-tocht gequetst geworden [126])
meteen roof ende beuit van omtrent acht duisend stuks vee [127] naar
vier wekens uitblijvens, aan-quamen, vertoonende van verre het
aangenaamste gesicht van de wereld, het vee wel twee ueren in ’t ronde
sich verspreidende, daar de victorieuse borgers ende soldaten mede
aenquamen setten, by naar gelijkende in ’t verschiet een ontmoetingh
van Jacob ende Esau met alle haare runderen ende schapen of wel een
Turksche Kachel of Caravane, wesende het beestiaal spiegel glat van
vettigheid, daar doen een rijkelijke uitdeelingh, soo aan de borgers
als Hottentotten gedaan wierd, de rest de Compagnie voor sich
behoudende.
Naar eenige tijd als gesecht gedanst ende gefleuit te hebben, sprongen
de kapiteinen Klaas [128], Kuiper [129], Schacher [130], Houtebeen
[131], met een noch een Hottentots kapitein [132] in ’t midden van de
kring met haar kirryen in de vuist, die aanstonds van de andere
meenichte op gelijke wijs gevolghd wierden en tijden [133] geen
kleintje op de bloote armen, dyen, billen, schouderen, scheenen ende
kuiten aan ’t beuken (hoofd en borst wierden onder ’t slaan
verschoond,) so dat in ’t korte die miserabile menschen haar lichamen
met die harde stokjes so murw en week als pap geslagen wierden en door
die onmenschelyke pijnen voor dood onder de voet vielen, wanneer weder
op het wenken van de voorgemelte kapiteinen sy gelijker hand aflieten
en sy wederom als vooren aan ’t dansen fleuiten, schreeuwen en
schuifelen geraakten tot dat die vier half doode patienten wederom over
einde resen, naar dat een quartier uirs ongemoeid ende sonder slagen
haar adem hadden gehaald, weder ’t eenemaal bekomen waren ende flux op
haar kooten [134] stonden; keken tusschen beiden haare vyanden ende met
eenen beulen al schreyende seer droevig aan, die sonder genade op het
gegeve teiken van kapitein Klaas (die wel de wakkerste, verstandigste
en dapperste kapitein onder haar was) gelijkelijk op de voorgaande
wijse weder aan vielen, soo lange weder op die taaye huiden beukende,
tot als vooren voor dood weder in ’t voetsand raakten, sonder dat in al
dat slaan het alderminste bloed gestort was, slimmer als yemand die met
aals-vellen [135] vol heet zand gebeukt werd; dit danssen, fleuiten en
slaan tot verscheide reisen omtrent derd’half uer geduerd hebbende,
wierd door den Heer Gouverneur (die dat barbarisch en over wreet
schouw-spel al moede was) belast wat kort met haar om te gaan en die
elendige menschen voort aan een kant te helpen; daarop dan aanstonds
gelijkelijk, soo op het hoofd, als borst buik ende mannelijkheid so
vehement en buiten gemeen wreet aan vielen, dat in ’t korte niet alleen
onder de voet, maar geheel dood raakten. Werdende doemaals de lijken,
door ordres ende bevel van den opgemelten Heer goeverneur, by de beenen
aan een gebonden en met een sloep in ’t midden van de Tafel-baay
geroeid ende gesleept, alwaar met een groot gewicht keyen daar
aangebonden van de schuit wierden los gesneden ende also te gronde
gedompeld [136].
DIE HELDEMOED VAN JOCHEM WILLEMSZOON.
INLEIDING.
Buitengewoon talryk is die skipbreuke wat in vroeër dae op die
Suid-Afrikaanse kuste plaasgevind het. Die Kaap de Goede Hoop het sy
eerste naam van Cabo Tormentoso, of Stormkaap, ruimskoots verdien; en
ook in die Hollandse tyd het hy sy reputasie aanhoudend gehandhaaf. Dit
is genoeg om hier te herinner aan die name van die Santo Joano, die
Santo Alberto, die Sacramento, die Haarlem, die Naarstigheid, die
Stavenisse, die Jonge Thomas, die Gouden Buys, die Good Hope, die
Grosvenor, die Maréchal, die Fortuné, en soveel andere, om die yslikste
tonele van vernieling en verskrikking voor ons oë te sien verrys. Veral
langs die onherbergsame suidkus het die skepe dikwels met man en muis
verdwyn, maar tog het enkele manskappe daar nou en dan in geslaag om
die kus te bereik. Party van hulle het ná verloop van tyd verkies om
onder die inboorlinge te bly lewe; andere het probeer om te voet die
Kaap te bereik, terwyl die regering van sy kant hulpekspediesies te
land of ter see uitgestuur het. Dit is deur die verslae van hierdie
togte dat ons heelwat belangrike inligtings gekry het aangaande die
toestande onder die Hottentotte en Kafferstamme langs die suidkus van
Afrika in ’n tyd toe die Europese bestuur of die blanke nedersetting
hom nog nie so ver uitgestrek het nie. Ons het reeds die aandag daarop
gevestig hoe hierdie verhale ons o.a. toelaat om te bepaal wat die
verste punt gewees is van die weswaartse beweging van die
Bantoe-hordes. Afgesien, egter, van die bykomstige belang wat die
skipbreuke aldus oplewer vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis, is hulle
ook op hulself uiters belangwekkend en werp hulle ’n tragiese lig op
die gevare en offers verbonde aan die toenmalige skeepvaart en aan
oorsese onderneminge oor die algemeen. Hulle verskaf ons eg epiese
bladsye van meedoënlose noodlot in sekere gevalle, in andere weer van
wonderlike reddings en byna bo-menslike heldemoed. Uit hierdie laaste
oogpunt beskou is wel die bekendste episode dié verbonde met die naam
van Wolraad Woltemade by die vergaan van die Jonge Thomas in 1773, ’n
voorval wat sedertdien in woord en beeld, in prosa en poësie na
verdienste verheerlik geword is. ’n Ander naam wat in die annale van
die Kaapse skipbreuke ’n roemryke plaas verdien, is dié van Jochem
Willemsz, die moedige redder by die skipbreuk van die Hoogergeest, die
Goede Hoop en die Engelse skip Orange aan die mond van die Sout-rivier
in Junie 1692. Die uitvoerigste relaas van die heldhaftige gedrag van
hierdie Hollandse matroos vind ons by François Valentijn, die skrywer
van ’n lywige werk in vyf foliante, half histories, half beskrywend van
aard, oor die gebiede wat in sy tyd onder die bestuur van die O.I.K.
gestaan het. In die vyfde deel word ’n belangrike afdeling (147
bladsye) opgeneem deur ’n beskrywing van die Kaapkolonie; en dit is
hierin dat o.a. ook die verhaal van die dapper daad van Jochem
Willemszoon voorkom. Ons ken die algemene vertroubaarheid en
nougesetheid van die skrywer, wat daar altyd na gestreef het om die
volledigste en bes moontlike informasie aangaande ’n onderwerp te
verkry. Wat die Kaap betref, b.v., weet ons dat hy hier herhaaldelik
(in 1685, 1695, 1705 en 1714) vir ’n kort tyd vertoef het en sekere
gebeurtenisse dus self bygewoon het. Sy vry ure het hy byna uitsluitlik
gebruik om aantekeninge te maak uit kaarte, rapporte, joernale en ander
bestuurlike stukke wat die Van der Stels tot sy beskikking gestel het,
of om mondeling by die regeringspersone en by die vernaamste ingesetene
van Kaapstad en die buitedistrikte verdere inligtinge in te wen. Die
onderstaande verhaal is, te oordeel na die datum, nie dié van ’n
ooggetuie nie; maar ds. Valentijn het die besonderhede kort ná die
voorval verneem uit die mond van ’n hele aantal persone wat die
skipbreuk en die daaropvolgende reddingswerk van begin tot end bygewoon
het. Trouens, wat ons oor hierdie gebeurtenisse vind in die offisiële
stukke van die argief stem volkome ooreen met die beskrywing van
Valentijn, wat egter heelwat samenhangender en uitvoeriger is.
DIE HELDEMOED VAN JOCHEM WILLEMSZOON.
Uit François Valentijn se „Beschryving van de Kaap” [137].
In ’t jaar 1692, tusschen den 4 en 5den Juni verloor de E. Maatschappy
hier door de N.W. wind de twee schoone retourschepen Hoogergeest en de
Goede Hoop [138]. Na dat de vloot hier een maand gelegen had, onstond
’er ’s nachts een swaar onweder, zoo dat de baaren, door de woedende
winden aangezet, en als tot aan den hemel opstuivende, met de duistere
lugt maar een en de zelve stoffe scheenen uit te maaken.
Na dat de meeste schepen, en ook deze twee, van haare ankers gespoelt
waren, ontdoken wel eenige nog het zigtbaar gevaar; maar de twee
voornoemde raakten ten eersten tegen de klippen aan, en ’t volk daar
door in den hoogsten nood van in korten tijd, zoo de Heere niet veelen
daar van op een wonderbaarlyke wyze gered had, te zullen vergaan, waar
ontrent zich een geval opdeed, dat waardig is om zyne zeltzaamheid hier
aangeteekent te worden, aangezien men weinig voorbeelden daarvan ergens
vinden zal, te weten, van eenen Jochem Willemszoon van Amsterdam, een
matroos in dienst, doch voor die tyd op ’t schip Spierdyk het ampt van
quartiermeester waarnemende. Deze borst met de schuit aan de wal zynde,
wiert hem, wegens ’t onstuimig weer door zyn schipper Sievert de Jong
belast aan land te blyven en de schuit maar wel te bezorgen; maar
aangezien de branding hoe langer hoe hooger begon te gaan, oordeelden
die genen, die op de schuiten pasten, best, alzoo de meeste schuiten
aan de wal waren, die op ’t strand te haalen, vermits zy anders in
flarden stonden geslagen te worden. Zes of zeven boots, door de swaare
zeên van de schepen afgeslagen, en van welke het volk aanstonts
verdronk, wierden niet verre van ’t Fort aan de Oostkant van ’t hoofd
geslingert en daar nog meest, hoewel vry deerlyk gehavent, geborgen.
Terwyl nu de wind hoe langer hoe meer toenam, en de zee zich hemelhoog
verhefte, verdronken ’er ’s morgens ’er aan tusschen 10 en 11 uuren
verscheide menschen zoo van deze 2 schepen, als van ’t Engelsch schip
Orange, die, om zich te redden, in zee gesprongen waren, en hoope
hadden van al swemmende het land te zullen krygen, hoewel hen dit
elendig ontschoot.
Jochem Willemszoon zoo veele van zyn spitsbroeders in dien grooten
nood, en hen egter zoo na by de wal ziende, nam, hier door ten
uitersten getroffen, een besluit, waarover men ten hoogsten moet
verbaast staan. Hy bond een loodlyn, van ’t Engelsch gestrand schip
bekomen, met een weergadelooze moedigheid om zyn lyf, gaf ’t eind ’er
af aan eenige matroozen, om ’t wel vast te houden, sprong toen met
groote onverzaagtheid in ’t midden van de branding, swom na de
erbarmelyke drenkelingen van ’t schip Hoogergeest en nam den eenen voor
en den anderen na, by de armen, by ’t hair en daar hy ze maar vatten
kon en sleepte hen met een groote hartvogtigheid [139] door de baaren
na land, en zoo heeft hy ’er toen veelen gered; maar om ze op die wyze
allen te behouden, was volslagen onmogelyk.
Ontrent 300 man zagen dit droevig schouwspel met schreijende oogen aan;
doch geen van hen had moed om na ’t schip Hoogergeest te swemmen ten
einde daar verder een middel tot berging van zoo veel beklemde zielen
uit te vinden; waar op dan deze Jochem Willemszoon, door N. Verhulst,
schipper op Waterland, zonderling hier toe aangezet, een besluit nam,
om zyn leven, tot redding van zyn medebroeders, nog op een andere wyze
te wagen.
Hy trok al zyn kleederen, op een blaauw hemd en een blaauwe laakenze
hemdrok na, uit, swom met die loodlyn om zyn lyf door die hemelhooge
branding, onder welke hy menigmaal nederdook, heenen en quam, na veel
gevaar, eindelyk aan ’t schip Hoogergeest, dat nu geheel op de zyde en
vol zand en water geslagen was, alzo die gruwelyke zee ’er geduurig met
afgrysselyk geweld en geklots op aanrolde, terwyl het volk, dat die
bergen van zeên aankomen, en in de hut op een gepropt, alle oogenblik
onder een naar gejammer en geklag, waar van de bergen weergalmden, de
dood te gemoet zag; maar zoo haast de derdewaak [140], N. Swaar, dien
dapperen Jochem met zoo veel moed door die verschrikkelyke baaren als
een zeeleeuw heenen worstelen, en by hun schip, dus tot hunne redding
opborlen, zag, vloog hy, die gereet stont om anders in zee te springen,
met de traanen in de oogen zynen beschermengel om den hals, en riep van
blydschap als opgenomen, tot zyn andere ter dood daar beklemt zittende
medebroeders: „Mannen, gryp moed, God dank, nu zyn wy behouden.”
Jochem, ondertusschen geen oogenblik tyds willende verliezen, zei tegen
dezen stuurman, die maar een chitze rok aanhad en verder naakt was:
„Gaat heenen, neemt de trap van ’t half dek, bind die aan de loodlyn,
en met eenen een touw van boord af, om daar door zoo veel menschen als
’t mogelyk is, over en na land te slepen.” Men kon maar twee menschen
gelyk dus overhaalen, en zoo wierden er ook maar twee togten met de
zelve gedaan, terwyl de vermoeide en te veel afgematte Jochem
Willemszoon aan boord wat uitruste.
Ondertusschen maakte men aan strand een vlot van de afgeslagene planken
en balken der schepen, die men met een loodlyn vast aan een sorde
[141], waar op men ’er 4 of 5 te gelyk met een bras [142] door de
branding heenen rukte; maar terwyl men aan land bezig was met dit vlot
klaar te maaken, begeeft Jochem, onverduldig om zelf te zien hoe de
zaaken tot redding van zyne medebroeders verder aangelegt wierden, zich
wederom (doch nu zonder touw of lyn) in die woedende zee, een stoutheid
die hem byna het leven zou gekost hebben; want na dat hy ontrent halver
weg tusschen ’t schip en ’t land gekomen was, bevont hy zich door ’t
geweld der branding zoodanig afgemat, dat hy, niet tegenstaande zyn
groote kloekmoedigheid, zich egter genoodzaakt vont, ettelyke maalen om
hulp en ontzet te schreeuwen, zonder dat yemant van alle die daar
stonden, de hartvogtigheid had van hem, hoe zeer zy daar toe genegen
waren, de behulpzaame hand te bieden, alzoo zy vreesden hun leven daar
by in een zeker doodsgevaar te stellen.
Hy dan vernemende, dat al zyn schreeuwen om hulp te vergeefs was, en
dat hy zich zelven redden moest, spande daar op met een weergadelooze
onvertzaagtheid alle zyne kragten in, verdubbelde zynen yver, en vergde
in dien hoogen nood zyn armen en beenen meer, dan zy anders verrigt
zouden hebben, waar door hy eindelyk de grond onder zyn voeten kreeg en
in staat was om daar, staande tot aan de borst in zee, zynen adem wat
te konnen haalen, om daar na dan verder na land te swemmen.
Dit waren wel zyne gedagten, maar ondertusschen wiert hy door een
swaare baar, die hy niet ontduiken kon, van zynen grond afgeslagen. Hy,
hier door niet verzet, spande weder al zyn vermogen in en kreeg
andermaal weder grond onder zyn voeten; maar wiert nog eens daar van
geslagen, waar op hy, ziende nu door die branding niet te zullen komen,
een besluit nam om weer na ’t schip te swemmen, dat hem eindelyk na
veel moeite en gevaar gelukte, alwaar hy zich eenige tijd onder de
fokkerust hielt, en daar na weer op het schip geraakte, van waar hy,
nevens drie anderen, byna laatste van allen, met het vlot aan land
gehaalt is.
De Heer Gouverneur Simon van der Stel die het dapper bedrijf van dezen
zeeheld, met de uiterste verwondering en beweging en met groote
bekommering voor hem, aangezien had, smeet hem, zoo als hy aan land
quam zyn eigen rok toe, en gaf ordre, dat men alles tot behoudenis van
dien dapperen man aanwenden zou [143]. Ook gaf hy by zyn vertrek, na
dat hy herstelt was, hem nog deze volgende loffelyke getuigenis mede,
op dat ook de Heeren Bewindhebberen hem na verdienste beloonen en een
hooger bediening geven mogten.
EXTRACT UIT DE ORIGINELE MISSIVE DOOR DEN GOUVERNEUR SIMON VAN DER STEL
EN DEN RAAD AAN CABO DE BONNE ESPERANCE AAN DE HEEREN ZEVENTHIENEN IN
DATO DEN 22STEN JUNI 1692 GEZONDEN.
Het droevigst van allen was zoo veel zielen in ’t uiterste gevaar
haares levens te zien en hun jammerlyk kermen te hooren, zonder dat men
eenig middel tot hunne behoudenis uitvinden kon, tot dat eindelyk
Jochem Willemszoon, van Amsterdam, matroos quartiermeesters dienst
doende op ’t schip Spierdyk, zich aanbood om met een touw om het lyf
door de branding en aan boord te swemmen, ’t welk hem ook gelukte en
door middel van een vlot en zyn medegebragt touw over en weder
getrokken, de meeste part der menschen uit een gewisse dood te redden.
Wy konnen niet ledig staan deze trouwhertige daad zoo kloekmoedig als
gelukkig in ons aanzien t’ onzer aller verwondering uitgevoert, UEd.
Hoog. Agtb. mits dezen eerbiedig voor te dragen, met ootmoedig verzoek
haare goede geliefte zy den zelven in tyd en wyle, als gestrekt
hebbende tot behoudenis van veel Compagnies dienaaren, te willen [144].
DIE RAMPSPOEDIGE REIS VAN DIE GOUDEN BUYS.
INLEIDING.
In die vorige hoofstuk het ons die beskrywing gehad van ’n skipbreuk in
die Tafelbaai. Hieronder gee ons die volledige verhaal van die
noodlottige reis in 1693 van die skip die Gouden Buys vanaf sy vertrek
uit Enkhuizen op weg na Oos-Indië tot sy stranding op die kus van
St.-Helena-Baai, nadat die skipper genoodsaak was daar anker uit te
werp by gebrek aan manskappe om die reis mee voort te sit. Dit gaan
swaar om vir ons ’n denkbeeld te vorm van die ontberinge en gevare
verbonde aan ’n lang seereis in daardie dae. Storme, wat op die swaar
want van die seilskepe veel meer vat gekry het as op ons moderne
stoomskepe; swaar-gewapende kapers wat daarop uit was om die rykbelade
handelskepe buit te maak; die lang duur van die reis; die gebrek aan
ruimte en lig; die eentonigheid van die voeding en die skaarsheid van
soetwater met hulle nasleep van siektes van allerlei aard, veral die
gevreesde skeurbuik—al hierdie omstandighede het hul deel bygedra om ’n
reis van en na Suid-Afrika ’n byna waaghalsige onderneming te maak. Van
dit alles skep die relaas van die reis van die Gouden Buys ’n treffende
en skrikwekkende beeld. Van die 190 man wat op 12 April 1693 Enkhuizen
verlaat het, het daar begin November van dieselfde jaar nog maar
sewen-en-twintig oorgebly. Van hierdie manskappe het sewe aan land
gegaan om van daar (St.-Helena-Baai) te probeer of hulle die Kaap
miskien nie kan bereik nie. Van die klomp wat aan boord gebly het, het
nie een in lewe gebly nie; en van die sewe wat die skip verlaat het,
het net twee man die ontberinge en teenspoede van die reis oorleef. Dit
is op grond van die beëdigde verklaringe wat hierdie twee man, Daniel
Silleman en Lourens Thijsz, ná hulle aankoms aan die Kaap gemaak het,
en van die mondelinge mededelinge van eersgenoemde ná sy terugkeer in
Holland, dat die verhaal saamgestel is (L. Thijsz is oorlede op die
skip gedurende sy terugreis na die vaderland). Wie die skrywer is, word
nie vermeld nie; maar dit is duidelik dat hy vir hom byna letterlik
gehou het aan die gegewens wat Silleman vir hom verstrek het. Afgesien
van die skriklike lye wat die twee oorblywende mans moes deurmaak, en
die gruwelike noodmiddels waartoe hulle die toevlug moes neem, is
interessant wat hulle meedeel oor die deurgaans vrindskaplike houding
van die Hottentotte, sonder wie se hulp hulle sonder twyfel ook sou
omgekom het.
Die teks wat ons gee, is dié van die uitgawe van 1706, by die weduwee
van J. van Poolsum, in Utrecht, waarvan ’n eksemplaar aanwesig is op
die Kaapse argief. Daar bestaan nog ’n vroeër uitgawe gedruk in
Enkhuizen by Hendrik van Straaten, waarvan ’n eksemplaar berus in die
Fairbridge-biblioteek, nou in besit van mejuffrou D. Fairbridge, op
Claremont. Ons het die twee drukke met mekaar vergelyk en geen
noemenswaardige afwykinge tussen hulle ontdek nie. ’n Gedeeltelik
gewysigde en gemoderniseerde herdruk het reeds verskyn in die
Zuid-Afrikaansche Tijdschrift van Junie 1885 (blss. 257–280) onder die
tietel „Een reis van Holland naar de Kaap 200 jaar geleden. Een verhaal
van jammer en ellende.” Ook in Die Brandwag van 1 Desember 1911 het die
laaste deel van die reisbeskrywing verskyn; maar die teks laat taamlik
te wense oor en is partykeer heeltemal onverstaanbaar of misleidend as
’n gevolg van slordige afskrif en byvoeging of weglating van woorde.
DIE RAMPSPOEDIGE REIS VAN DIE GOUDEN BUYS.
Droevig Verhaal van ’t schip de „Gouden Buys,”
Uytgevaren voor de Camer van Enckhuysen, naer Oost-Indien, op den 4
Mey, Onder Commando van Schipper Theunis Baanman.
Na dat de Heeren Bewindthebberen van de Oost-Indische Compagnie ter
Camer Enckhuysen [145] de monsteringe van ’t Scheepsvolk bestaende in
ruym 190 man op den 9. April 1693 hadden gedaen, zeylden ’t schip den
12. dito van de reede der stadt Enchuysen af na Texel en geraeckte dien
dagh voor de Ven en den 14. dito onder de Vlieter [146] ten Ancker,
alwaer de meeste inladinge gelijck oock ’t meerendeel des Scheeps-volck
aen boort quam en op den 24. April den schipper met den boeckhouder en
vordere Officieren. Van daer weer verzeylende quamen in Texel op de
Koopvaarders Reede en eyndelijck tusschen ’t Nieuwe Diep en de Helder
[147] ten ancker; daer gevonden hebbende ’t Schip de Koning William en
’t gajoot [148] de Kers, beijde van de camer van Amsterdam, mede
gedestineert naer Indien: wierd ’er door de Heeren Gecommitteerdens van
beijde dese respective cameren, en hare schippers met eenige doenmaels
in Texel leggende Guinees, Surinaams, Lissabonsvaerders [149] Compagnie
en vorder admiraalschap gemaeckt [150], de schepen der Ed. Maetschappij
tot Commandeur en Vice Commandeur verkooren zijnde, meende man op den
1. Mey ’t Zee te geraken en waren al onder zeyl; doch de windt enigsins
tot nadeel lopende most dese vloot weder te rug en koste in ’t vallen
laten van ’t ancker het leven van een Matroos welcke met de poortuurlyn
[151] over boort wierd geslagen en quam niet weer boven. Eyndelijck
geraeckte men op den 4. Mey na zee, dog met seer groot perikel van het
schip en volck; want het ancker met groote moeyte geligt zijnde, konde
niet om hoog na begeerte gewonden werden, wat vlijt dat ’er oock by ’t
gantsche scheepsvolck wierde aengewent, echter men schokte soo met een
uytgestort Mars-Zeyl [152] na ’t Gat [153]; Doch niet sonder groote
vreese van een ervaren lootsman, om hier door aen de lagerwal, of op ’t
eygen ancker in ’t droogste van ’t Gat aen de gront te geraken; En hoe
wel men hier door seer belemmert was, sulcks dat men ’t achterste van
de vloot geraekten, men quam eyndelijck buyten gaets en in zee.
Den 7. dito sturf een soldaet.
Den 10. dito sag men de Schotse kust [154].
Den 12. dito was men daer noch onder ’t landt en kregen een zwaren
storm waerdoor wy genootsaeckt wierden een bijlegger te maken [155].
Het duerde tot den 17 dito, wanneer het weer wat bedaerde en een
bakstagh wind [156] kregen.
Den 18 dito quamen ons 4 schepen in ’t gesigt.
Een den 19 dito sagen wij Fairhil [157].
Den 20 dito passeerde deselve.
Den 22 dito storf den opper kuiper Reynder Luytsz. van Enchuisen.
Den 26 dito sagen wij de klip Rocolle [158].
Den 31 dito begon ons volck seer af te nemen en kregen verscheyden
siecken, dogh storf niet meer als een man, zijnde den bottelier Harme
Claasz. Langelens, van den 10. Juny tot op den 18. Juny aen toe. Doe
men nu echter met veele tegen winden achter Engelandt was omgekomen
begon den voortgang te beteren ende siecken eenigsins weder op te komen
en was de toestandt van saken in ’t schip redelijck wel want men bevont
sig op den 12. Juny al op de hoogte van 34 graden 0 min. noorder breete
en op den 18. dito op 24 graden 30 min. als wanneer het een goeden
spoet maeckten, ’t geene alles den leeser uyt de brieven van den
schipper geschreven aen zyn huysvrouw, als oock die van den boekhouder
aen zijn vader en van andere officieren kan afnemen en sien.
[Hier volg vier briewe wat die voorgaande bevestig.]
Uyt dese brieven welcke gekomen zijn met de Surinaams en
Guinees-vaerders, dien doen van haer affscheyden kan den leeser afnemen
dat alles doen wel gestelt was en een yder met genoegen en goede
eenigheyd de reys vervorderde, insonderheyd de officieren onder
malkanderen, doch hoe wel sy met den anderen waren en wat goeden
voortganck sy maeckten, sy scheenen als tot haer ongeluck te haesten;
want eer S. Jaga [159] in ’t gesigt was warender al 14 dooden. Hier
scheyde het galjoot de Kers van haer om ’t gemelde Eylandt aen te doen
en de siekten weder toenemende ordonneerde den schipper twee beddinge
voor de sieken op het onderdeck te maken en zeylden doen by de windt
voort. Eyndelijck omtrent de Linie, als wanneer den schipper van de
Koning William aan ons boort quam, en siende den bedroefden toestandt
wenste ons wel met haar volk te konnen helpen, maar hadde selver mede
veele sieken waar op hy tegens den avondt zeyl maakte en ons verliet;
als wanneer in ’t Schip den Gouden Buys ruym 40 dooden en aan de kant
van de 50 sieken werden getelt. 7 a 8 weeken dreven in stilte omtrent
de Linie om de selve te passeeren ’t geen de siekte door de groote
hitte meer en meer vermeerderde, soo dat ’er op eenen dag wel 6 a 7 te
gelyck sturven en over boort wierden geset.
Droevigh was ’t om te aanschouwen, Godt dagelijks om uytkomst
aanroepende; eyndelijk geraakte na veel suckelens door de Linie.
Omtrent desen tijdt viel weder een matroos overboort en verdronck. Op
sekeren avondt doen het gebedt soude geschieden, quamen alle de
gesonden in de selve ende den schipper, ongeveer maar 30 man bij hem
vernemende, vraagde den schipper aan de quaertiermeester Harmen Jansz.
of dit al het gesonde en de rest siek waren, het welk den schipper met
verbaastheyd al suchtende dede uytbarsten: „Lieve God! zegen ons; is
dit al mijn gesondt volck van 104 zielen dewelcke noch binnens boort
moeten wesen? Wat wil dit noch worden?”
Meenichmaal seyde de schipper, na ’t eyndigen van ’t gebed, dat soo
daar by de siecken eenige lust tot het een of ’t andere waar, van dat
geen by hem in de kajuit of in ’t schip was, sy het maar souden eyschen
en halen en die niet selfs konde komen, om dat geene dat hy garen had
te halen dat hy dan sijn maat ofte ymandt anders konde zenden en dat
hem soude gegeven worden dat geene dat tot verquickinge soude kunnen
dienen, gelijck sulcks meermaal is geschiedt en uytgedeelt. Wat na dese
tijd passeerde wy de hooghte van d’Abrollus [160], alwaar ons een
travaat [161] soo heftigh trof dat wy onse kruys-stengh [162] en
groote-stengh [163] verlooren; onse voor-stengh was ook seer beschadigt
maar bleef nog staan. Hier bleven wy 3 a 4 etmaal in desen desolaten
staat leggen drijven; eyndelijck malkander nieuwe moedt gevende, kreeg
Lourens Thijsz., derde timmerman, met hulp van ’t andere volck alles
weder vaardigh; wy hadden doen al 3 timmerlieden doodt en de vierde
lagh sieck ter kooy. Wy zeylden dan in Gods Naem weder henen, hopende
nog met hulp van Godt het schip behouden over te brengen.
4 a 5 Dagen hier naer verlooren onse onder stuerman ende de opper lagh
in sijn kooy heel kranck; twee dagen hier naer sturf onse derde waak
[164], met onse schipper was het oock niet wel die ook seer begost te
klagen.
Omtrend desen tijd quam ons een schip in ’t gesight, zijnde als doen na
gissinge omtrent 300 mijlen van de Caap; het schip ons naderende quam
onse schipper met sijn siecke leeden voor den dag en liet onse reen met
kettinge vast maken [165]; wy waren doen siecken als gesonden ruym 30
man sterck, maakten alles dat tot tegenweer diende vaardigh [166] maar
doen wy het selfde nader quamen, toonde hij een roode vlagh waer uyt wy
vermoeden dat het een Deen ofte een Engels schip was. Hy bleef
ander-half etmael by ons, als wanneer hy weder uyt ons gesight raakte,
hebbende doen een goede windt, zeylende op ’t seggen van onse stuermans
jonge die wat van de navigatie geleert hadde en vorder van den schipper
onderrigt wierde voort, want wy hadden doen geen eene stuerman meer en
onse schipper lag oock heel sieck in de kooy; oock hadden wy geen eene
chirurgijn, in somme wy waren soo zwack van volck dat wy naeulijks het
roer konde bedwingen.
Eyndelijck raakten met hulp van onsen stuermans jonge soo verre dat wy
den 11 October het landt in ’t gesigt kregen, alwaar wy digt onder en
tot op een mijl na aen landt liepen. Kort hier op quam een travaad die
ons marsseil vande raa [167] in zee deed wayen; onse schipper liet de
gesonde in de kajuyt by hem komen die in 6 a 7 man bestonden en seyde:
„Mannen, sou het niet beter wesen dat gy het zee-waerts lag?” [168]
maar antwoordde van neen, wat souden wy met ons kleyn getal volck uyt
rechten? Eyndelijk op het lang aanhouden van den schipper staken met
dese weynige machteloose nogtans weder ’t zee of ’t nog mogelijk waer
om de Caap of de Saldange Baey te konnen winnen dog alles te vergeefs.
Na dat wy nu 8 dagen ’t zee hadden gezworven en ’t landt al weder uyt
het gesigt waren geweest, kon men door contrarie windt geen hooger
haven bestevenen; dies quamen wy ter voornoemde plaets in S. Helenaes
Baey ten anker. Wy waren geen 6 man sterk bequaam eenige dienst te
doen, de rest moesten haer op handen en voeten behelpen; trecken de
groote en fokke raa [169] neder; maakte het voor marsseyl [170] los,
besloegen [171] de blinde [172] en bergden de zeylen onder in ’t schip;
bleven in dese gestalte omtrent 2 a 3 weeken leggen hopende door het
een of ’t ander middel gered te werden.
Als wy hier dan dus lange vruchteloos gelegen hadden, ontbood de
schipper, die nu al 14 dagen plat te bedd’ had gelegen die gene die wat
konde gaan in cajuyt by hem, alwaar wy met ons 13 a 14 man quamen. Hy
seyde: „Mannen, wy hebben hier dus lang gelegen en sien geen hulp op
uytkomste. Wie heeft lust om na de Saldange Baey te gaen die maer 12 a
14 mijlen van hier leyt, daer sult gy Christenen vinden om die te
spreeken.” Hier op traden wy met ons sevenen toe te weten Jacob Lepi
[173] boekhouder,—de commandeur van de soldaten,—Flip Warlo, Schiman
[174],—Jan Christiaansz., botteliers-maat [175],—Jan Harder,
soldaat,—Daniel Silleman, watermaker [176] en ick, Lourens Thijsz,
timmerman. Maekten ons dan vaardig om aen land te gaen en kreegen ter
nauwer nood op den 11 November de schuyt buyten boort; namen de man
twee beschuyten, een kan water, een bottel wyn, een met brandewyn, yder
wat tobak, een paar pistolen, vier snaphanen en elck een hou-degen,
waar mede by den schipper zijn gegaan die wy veel gesontheyd
toewensten, gelijk hy ons yder man voor man by de hand vattede ook
geluck toe-wenste met aanmoedinge van onse reyse kort voort te setten;
wy lieten hem in een slechte staet heel krank leggen, wel te gemoet
siende dat wy hem niet levendig souden weer vinden; trocken zo op de
Reys.
Hier mede sijn wy in de schuyt gegaen en na land geroeyt, alwaar tegen
de middag zijnde den selven 11 Novemb. aan quamen; op ’t land gekomen
zijnde dronken malkander toe uyt een bottel france wyn; hier op
marscheerden wy in Gods naem de strand langs.
Als wy omtrent derdehalf uur [177] gegaan hadden, leyden het tegens een
zand-heuvel aen strand neder, latende de zee aan de rechterhand soo ons
van de schipper belast was, maakte wat vuyr en rookte een pijp toebak
en ging met ons vijven leggen slapen latende twee de wacht houden die
na verloop van eenigen tijd van twee andere verlost wierden; bragten
dese nagt over sonder eenigh wild gedierte te vernemen, marcheerden des
morgens weder soetjes voort want het hard lopen wegens de scheurbuyek
ons benomen was, ’t welck ons ook geen meerder beschuyt had doen mede
nemen. Tegen den avond, na dat wy vuyr gemaakt en een pijp toebak
gerookt hadden, leyden wy ons weer te slapen en hielden wacht als
vooren; in de nagt deden wy verscheyden schoten om eenige vreemde
beesten die wy vermoedende waren van ons af te weeren en de nagt over
gebragt zijnde, zijn wy met de morgenstond weder aan ’t marcheeren
geraakt en quamen omtrent 10 uyren in de Bogt van de Baay. Dese bogt
was omtrent twee en een halve mijl van de plaats daar wy met de schuyt
aan quamen, daar wy echter door onse zwakheyd nu omtrent twee etmaal
over gegaan hadden; alwaar wy een revier vonden die genaemt wierd (zo
ons naderhand onderricht is) de Berg Revier; hadden geen meer water,
weshalven verblijd waren maer het duirde niet lang door dien de rivier
geen soet maer sout water hadde, alzo zijn uytgang in zee hadde, die
alle ses uyren op en afliep; hier stonden wy te kijken en konden
deselve niet passeeren van wegen sijn diepten: Dese rivier is na
gissing 4 a 500 voeten breet. Wy, niet wetende wat wy souden beginnen,
sagen malkanderen bedroeft aen; vermits door de groote hette sulken
dorst leden dat het onuytspreeckelijk was, resolveerden de revier hoger
op te gaan, alwaar wy het water tamelijk begosten te krijgen, drinkende
daar doen zo veel af dat het ons van onderen als een spuyt ontliep. Wy
sagen malkanderen nochmaal bedroefder aan en seyden: „De schipper heeft
ons leelijk bedrogen.”
Den volgenden morgen, als onse boekhouder ouder gewoonte het gebed
hadde gedaan, marcheerden wy weder de rivier hoger op en quamen
eyndelijk zo verre daar het water heel zoet was, daar wy leggen bleven.
Twee van onse mackers gingen de rivier noch hooger op om te sien of er
geen hoop van uytkomste te vinden was; ende een stuckweegs opgegaan
zijnde sagen zy aan de over kant twee leeuwen komen drincken, die zo
haast sy haar sagen weder boswaart in vluchten. Sy proefden het water,
maar bevonden het noch brak te wesen, keerden dan wederom en verhaalden
ons wat sy gesien hadden. Resolveerden doen gesamentlijk de rivier
hoger op te gaan tot dat wy op een vlakte quamen daar wy by malkander
gingen zitten en schepten onse kannen met brack water, daar wy zo
hartig van dronken dat het ons qualijk bequam. Wy maakten alhier vuyr
en leyden ons daar rondom, maar konden de gantsche nacht niet rusten
van wegens de pijn die wy in ons ligchaam kregen ’t welck wy oordeelden
van het bracke water was spruytende.
Des morgens gingen weder met den dagh de rivier hoger op tot dat wy
eindelijk bevonden dat het water vers wierdt alwaar wy een etmaal
bleven leggen, maakte vuyr en schepte onse kannen weder vol, kookte het
selve met wat safferaan (dat wy uyt ons schip mede genomen hadden) het
welcke wy droncken om ons wat te verstercken, want nu in geen twee
dagen gegeten hadde.
’s Morgens vertrocken weder van hier de rivier langs ende des avondts
nadat wy vuyr gemaakt hadden, stelden twee schilt wachten. Drie van ons
geselschap vernamen een groot wilt beest, niet wetende wat voor een
dier het was; sagen ook een zee koe in de rivier ende des anderen
daags, als wy weder souden vertrecken, vonden ons genootsaakt een
gedeelte van ons geweer wegh te werpen, overmids wy onmachtigh wierden
de selve langer te dragen. Een van onse mackers gingh na het gebergte
om te sien of hy yets soude kunnen bekomen; hy bleef wel drie dagen
achter so dat wy meenden dat hem een wildt gediert verslonden hadde
waar over met malkanderen bedroeft waren. Onse commandeur konde ook
naeulijks meer voort komen want sijn gemacht was soo gezwollen als een
bol van een hoedt; en onser aller beenen begonnen soo te zwellen dat wy
niet langer gaen konden. Eyndelijck een weynigh verder gekomen sijnde
vonden een vlack-velt, bewassen met riet, ’t welck ons dede resolveren
een flotje te maken ende te sien of wy de rivier daar mede konde
overkomen. Als doen quam onse macker voornoemt weder by ons die
verhaelden, als dat hy meenden een Hottentot gesien te hebben die voor
hem wegh liep. Wy verheughden ons seer toen hy weder by ons quam
vermids inde rivier een hoet hadde sien drijven die wy meenden de zijne
geweest te hebben, maer bevonden als doen contrarie, soo dat wy niet
konden bedencken waar dat die hoet van daen gekomen was. Ons vlotje
klaar hebbende braghten het aan de kant van de rivier, doen is Daniel
Silleman over de rivier gezwommen om eens te sien hoe het aan de ander
kant mochte wesen, maar doen hy weder quam zeyd’ hy dat het een woest
en wilt landt was, ’t welck ons dede resolveeren aan dese kandt te
blijven en met malkanderen weder na ’t strant te gaen daer ons schip
lagh; vulde dan onse kanne met water en gingen voort.
Omtrent 1. half mijl verre gegaen zijnde, viel onse schimman Philip
Warlo van wegens sijn zwackheyd neder, ende bleef daar leggen [178]. Hy
dan siende geen uytkomste voor hem versoght ons maer voort te gaen; wy
wenschen hem dan met schreyende oogen adieu. Wy gingen dan varder met
onse zwacke leden, het boswaerts schuyns door na strant, hebbende nu
also omtrent 2 en een half week met malkanderen gedoolt tot dat wy
eyndelijk daer quamen. Een weynig langs de selve gegaen zijnde, vonden
onse schipper in sijn combaers genaeyt doot leggen die van het wilt
gedierte al een stuck uyt sijn bil gehaalt was. Wy lieten hem leggen
want hadden geen kraght ook geen gereetschap om hem te begraven. Kregen
het schip int gesigt dat nog voor sijn anckers lagh, keerden weder na
onse schuyt om met deselve na boort te varen en daar by gekomen zijnde,
bevonden dat al het goet dat daar in gebleven was de zee uytgeslagen
hadde, dat wy soo nauw als konden by een soghten. Ook was daar een
stuck uyt de schuyt geraakt, maar onse timmerman brack de achter pleght
[179] daar uyt en maakte weder een stuk daar van in deselve so dat wy
de schuyt te naasten by weder kant en dight kregen. Doen bragten wy
dreggen [180] met laagh water uyt en kregen de schuyt alsoo weder vlot,
maar soo haast als wy hem vlot hadden, quam daar een brandingh en
sloegh hem wel half vol water; kort daar op volghde nogh een ander, soo
dat de schuyt daar meest door aan stucken raakten en wy de selve
verlieten, ziende malkanderen bedroeft aan en geen kans overigh om
weeder aan boort te geraken. Stacken een stock op en bonden daar een
wit hemdt aan om ons in ’t schip te laten sien, maar vernamen geen
teeken wederom, ’t welck ons dede vertrouwen dat sy alle mosten dood
sijn; bleven dien naght daar op strandt en resolveerden om ’s anderen
daaghs weder bos-waerts in te gaan, sijnde Jan Herder, soldaat, aldaar
in onmacht blyven leggen, alsoo veel sout water hadde gedronken en
storf.
Wy dan met ons vijven boswaerts ingaande, ten eynde om aldaar eenig
voetsel en soetwater, of indien mooglijk was een eynde onses ongevals
te soeken, vonden eenige swarte beessen [181]; bleven daar wel 2 a 3
dagen by leggen etende van deselve soo veel wy konden vermids wy
uytgehongert waren, want in 14 dagen geen spijs genuttigt hadden.
Na ’t verloop van dese dagen verlieten wy de beesten en zijn het bos
verder door en door gegaan om weder aan de rivier-kandt te geraken,
want den grooten dorst genootsaakten ons den dauw van de bladeren te
licken ende ons eygen water te drincken, ’t welck ons also flaeuw en
principael onse boeckhouder maakten dat hy daar neder viel en seyde:
„Mannen, ik kan niet meer,” halende met eenen een brief van den
schipper voor den dagh waar in soo wy meenden kennisse en berigt van
den slechten toestants onses schip was en hoewel den boekhouder aan een
yder van haar toestondt om na een goedt heen komen te soeken en hun
leven soo sy best konde bergen, soo wilde den timmerman Lourens Thijsz.
niet van hem scheyden, vermids oock sijn quade benen, maer bleef by den
boeckhouder leggen.
De andre drie nu gingen voort om de rivier op te soecken ende doen sy
een weynigh van de boeckhouder en timmerman af waren deden sy een
schoot die door haer op de selve wijs beantwoordt wierd waar mede
malkander adieu wensten. Dese twee bleven anderhalve dagh by
malkanderen leggen als wanneer de gemelte boeckhouder zoo verzwakte dat
hy niet meer spreken konde. Lourens Thijsz. dat siende, trooste hem met
schriftuerlijke reden soo veel als hy konde en siende geen uytkomste
wenste hem met schreyende oogen de saligheyt.
Alsoo verliet ick, Lourens Thijsz., gemelte boekhouder en gingh dat
wilde woeste bos alleen deur wandelen, tot dat ik eyndelijck aan een
vlack velt geraakten daar een oliphant die my ongemollesteert liet gaan
ontmoete, tot dat ick weder aan de voornoemde rivier quam alwaar ick
ging neder sitten Godt danckende voor sijne genade ende groote
barmhartigheyt dat hy my dus verre weder gebragt hadde. Ick schepte
mijne kanne weder vol water, daer ick soo veel van dronck dat het mijn
qualick bequam; mijn spijse was niet anders als gras en wilde beesten
dreck. Soo bleef ick hier 6 dagen leggen; ik vernam hier verscheyden
zee koeyen en telden wel 25 oliphanten die daer aan de rivier quamen
drincken en weder boswaarts ingingen.
De rivier langs gaende vonde ik een verrotte water-rot die ik van
honger op at en quam alsoo weder by het vlotje dat wy met malkanderen
gemaackt hadden, alwaar ik aan de overkant van de rivier eenige rook
sagh op gaan het welck my dede ontkleden en op het vlotjen sitten gaen;
dreef alsoo de rivier over. Hier over zijnde vondt ick een dooden haay
daar ick mede hartigh van at. Naer het eeten der selver gingh ik
boswaart in doch vondt geen menschen maar wel verscheyden soort van
beesten, als elanden, vogel-struyssen [182] en harte beesten, ’twelck
my weder uyt het bos deed komen, keerende na het vlotje ende daar even
op sijnde quamen twee leeuwen achter een hoeck van daan en gingen de
rivier langs. Ick dreef de rivier over ontrent ter plaetse daar ick
geweest was en ging deselve hooger op vijf dagen langh; vondt
onderwegen een endt-vogel die ick op at.
Des anderen daags vroeg in den morgenstondt ging ick op een hoogte
neder sitten vol van groote flaeute en mistroostigheyt, want hadde
doenmaels in drie dagen niet gegeten; schepte weer een weynigh moet en
rees op en gingh wat varder boswaert in alwaar ick 3 schiltpadden vondt
die uyt een bosje quamen kruypen; ick maakte aenstondts wat vuyr daer
ick deselve op brade, gingh daer by neder sitten en kreeg mijn gebeede
boeck, danckte Godt voor sijn genade dat hy mijn hadde deselve believen
te verlenen. Noch in ’t bidden zijnde, hoorde ick eenig gerijssel
meenende dat het beesten waren, soo dat ik schielijck opstondt en omme
siende sag ick drie wilde menschen, yder met een pyl en boogh voor my
staan. Ick verschrikte geweldig want ick sulcken soort van menschen
nooyt gesien hadt; zy dan stelden haer in postuer met haar geweer, ende
ick nam mijn pistool in de handt gingh also bevende op haar aen. Doen
ick nu by haar quam was ’er een van haar die een weynigh Duyts [183]
konde spreeken, die vraeghden my of ik een Duytsman[183] was;
antwoorden hem van ja, ende hy gaf my weder tot antwoort dat een
Duytsman een goet man was. Ik verhaelen hem dat ons schip daar op
ancker lagh en al ons volck gestorven sijnde wy met ons sevenen aan
landt gekomen waren, waervan drie gestorven en drie noch in ’t bosch
doolden, dien ik versogt of sy die wilden op soeken. Sy hadden eenige
schiltpadden by haer die sy aenstonds voor my braden, ende een van haar
haelde mijn kanne vol water, onderwijlen vroegen de andere na mijn
toeback daar sy seer begeerig na zijn. De schildtpadden nu gebraden
zijnde aten deselve te samen op; doen begeerden sy dat ik mijn boven
kleederen soude uyt trecken en met haar mede gaen ’t welck ik deede,
maer niet sonder groote vreese, want ik meende dat het menschen eters
waren; ik gaf haer dan al mijn goedt om te dragen maer sy waren so gaau
in ’t vooruyt loopen, dat ik haer niet konde volgen, soo dat sy my
eyndelijk uyt het gesigt raakten, ’t welck my deede geloven dat sy met
mijn goet weg waren.
Ik volgde dan die selve passagie, tot dat ik haar vont sitten rooken
een pijp toeback; ik sette my dan by haer neder ende een weynigh gerust
hebbende, gingen weder te samen voort tot dat wy by haer hutte quamen
[184]. Daer sagh ik haar vrouwen en kinderen die doen sy my sagen
altemael vlughten, vermids sy sulcke menschen niet gewent waren soo ’t
scheen. Brachten my dan in haar Opperhoofs wooningh daar ik veel
koebeesten en schapen sag; sy gaven my harten vlees en melck te eten en
’s anderen daeghs maakten sy my honingh bier om te drincken, brachten
my oock eenige wortels [185], die sy uyt de aerde graven ende in plaats
van broot gebruyckten; ik at dat so hartig, sijnde van honger gans
uytgeteert dat het my qualijk maakten; sy deden my hier op uyt haar
hutte gaan vreesende dat ik soo aenstonds soude sterven. Doen ik nu in
de lugt geraakte, quam ik aanstonts aan ’t braken dat my geweldigh
verlichten en doen weder in haar hutte kroop, maer ick en konde tot
geen slapen komen uyt vrees dat sy my noch om den hals soude brengen.
’s Anderen daags quamen daar noch drie andere van haar geburen die heel
anders van manieren en gedaanten waren; sy hadden lange baerden en
waren gestadiger van wesen [186]. Doen vreesden ik weder dat sy my
souden gedoodt hebben, maar bevondt heel contrarie want sy maakte een
koe-beest vaerdigh om te slaghten die sy eerst met touwen bonden en
gingen doen daar rontomme danssen, springen, speelen en maakte groote
ceremonye volgens hare wijse; leyden my tusschen haer beyden daar by om
het selve te aanschouwen ’t welck ik met groote verwonderinge aansagh.
Dit gedaan zijnde maeckten sy het beest weder los, en lieten het selven
weder naert bos loopen. (Mijns oordeels is dat ter eeren van dese drie
gebuuren geschiet die sy genoot hadden, want sy haar met diversse
soorten van spijse op hare wijse tracteerden.) Soo braght ik dien nagt
met haar ten eynde. Den dagh gekomen zijnde, namen wederom van
malkanderen afscheyt en kusten my met haar handen toe. Ik had nu by
haar twee etmaal geweest in welcken tijdt zy my getracteert hadden met
alles wat sy konden by brengen. Maer het verloop der selve stuerde ick
haar naer de Saldange Baey en liet weten dat ick in haer wooninge was
en hoedanigh zy my gevonden hadden.
Sy gingen dan aanstonds henen en quamen ’s anderen daegs wederom;
braghten een Hollander met haer; wy veraltereerde beyde doen wy
malkanderen sagen en ’s morgens doen vertrocken wij na de Saldange
Baey, nemende drie Hottentotten by ons. Onderwijlen dat wy op weg waren
ontmoeten ons een oliphant, daar wy voor vlugten mosten; wy sagen
verscheyden harte-beesten en vogel-struyssen.
Eyndelijck aan de Saldange-Baey gekomen zijnde, maakten een van de
Hottentotten vyer tot een teecken dat wy daar waren vermids daar noch
een rivier tusschen ons en haar was [187]. Sy quamen dan aanstonds met
een kleyn vaertuygh en haelden ons over; soo raakten ik Lourens Thijsz.
eyndelijck in de Saldange Baey op den 1. of 2. Kers-Dagh, alwaar ik
noch 14 dagen siek lagh en naer verloop der selve quam daar een vryman
van de Kaap om te vissen waar mede ik, zijnde wat beter na de Kaap
vertrock en nam mijn logement ten huyse vande voorgenoemde vrijman
genaamt Lambert Adrijaansz.
VERHAAL VAN D. SILLEMAN.
Doen nu Lourens Thijsz. aan de Saldange Baey was aangekomen, wierd van
daar aanstonds kennisse daar van aen de Gouverneur der Kaap gesonden
die ter aller yl een Vaertuygh [188] na ’t schip de Goude Buys af-sond,
gelijck hier na sal gesegt werden, waer door den watermaker Daniel
Silleman mede behouden wierd, want gelijck gesegt is den Commandeur der
soldaten, den botteliers maat en ik Daniel Silleman watermaker, in
manieren voorschreven van den zieltogende en neer-gezegenen boekhouder
gescheyden sijnde, waren weynigh voort gegaan wanneer wy een schilpatje
vonden; maakten vyer, braden het en aten te samen op; deden oock
verscheyden schooten met onse pistolen om te doen hooren waer dat wy
waren, meenende dat sy weder by ons soude komen, maer vernamen haer
niet. Omtrent den avondt maeckten wy weder vuyr dat de botteliers maet
(terwijl wy sliepen) brandende hieldt.
Den volgende morgen begaven ons weder op wegh om by de rivier te komen
en vonden drie schildpadden, die wy weder braden en te samen op aten;
bleven daer een weynigh leggen om de groote hitte, tot dat de sonne wat
gedaelt was wanneer wy weder voortgingen en drie dagen daer na aen de
revier quamen, al waer wy weder ons kannen van water versagen, maer
wierden door al het water drincken seer hongerigh.
Wy vonden dan aen de kant van de rivier tusschen de biesen amelyen of
hanebollen [189] (soo men die in Hollandt noemt); aten daer van maer
kosten onse honger daer mede niet verzaden; derhalven beraatslaegden
weder boswaerts in te gaen om te sien of wy iets konde bekomen, alwaer
by geval een schildpadt of twee vonden; keerden van daer weder na ’t
strandt, daer wy onse verlaten schuyt, die aen stucken geslagen was
vonden leggen; begaven ons met ons drien op een stuck van de schuyt te
water, om weder aen boort te komen, maer wierden t’elkens met de zee
weder te rugge gesmeten.
Onderwijlen was ons water weder op geraeckt; wy dan sagen malkander
seer bedroeft aen en keerden van disperatie weder boswaerts in om mondt
kost voor ons te soeken; vonden eyndelijck van die blaeuwe bessen, daer
voor heen van gemeldt is; aten van die selve en onthielden ons aldaer
14 dagen, drinkende ons eygen water, gelijck wy meermalen gedaen
hadden. Doen verloren wy de boteliers maet, sijnde omtrent den 26. of
27. December ende een weynigh van het doode ligchaam gegaen sijnde,
seyde de Commandeur tegens my Daniel Silleman: „Jan Crist of
Christiaensz. (soo was sijn naem) is nu doodt en wy lijden grooten
honger; laet ons weder te rugh gaen en snijden van het dickste vlees
een stuck af en laet ons het selve braden en op eten; Godt sal ons dat
voor geen sonden reekenen.” Ik schrikte van so een voor-slagh en zeyde
neen. Evenwel na veel tegenspreeken seyde hy, door honger geprangt
sijnde: „Ik sal het dan voor my daer uyt snyden.” Ende alsoo mijn
honger niet minder dan de sijne was, seyde ick tegens hem: „Wilt gy
daer van snyden en braden, ick sal ’er u van helpen eeten.” Dit was nu
tegens den avondt; ick kreegh hout en maeckte vuyr en hy ginck henen en
sneed hem uyt het dick van ’t been een stuck omtrent soo groot als een
handt en brade het; maer doen het gebraden was, konden wy daer niet van
eten van wegen sijn droge tajigheyd; aten evenwel een mondt vol of twee
daer van en staken het overschot in onse sack, willende sien of wy het
den volgenden dag bequaem tot eten soude konnen maken; leyden ons hier
op omtrent 20 treeden van ’t doode ligchaam (kraght en moedeloos
zijnde) te slapen tot den volgende dag.
En alsoo wy noch toback by ons hadden, bleven by malkanderen sitten en
pijp toeback roocken tot ontrent de middagh, als wanneer ons de slaap
overviel.
Onderwylen quamen daer vier Hottentots, gewapent met pijl en boogh by
ons die my eerst aenriepen, waer op ick ontwaeckte en schrickte
soodanige menschen te sien; stondt dan op en gingh een tree of thien te
rugh by de Commandeur die noch sliep. Ick maeckte hem wacker; sy
volghden my en setten hun met haer vieren rontom ons neder. (Dese
Hottentots waren van de Saldange Baey afgesonden na dat Lourens Thijsz.
daer was aengekomen om ons met ons driejen op te soeken; dog soude ons
aparent soo kort niet hebben gevonden, maer wy hadden vuyr gemaeckt
dicht onder eenig kleyn geboomte dat door de windt aen brandt geraeckt
en vorder een groot gedeelte van ’t bos aen brandt stak.) Een van haer
die krom Duyts sprack, vroeg ons of wy geen dorst hadden. Wy seyden van
ja, want het was den 15. dagh dat wy niet anders als ons eygen water en
den dan die wy ’s morgens van de bladeren lickte hadden genuttight. Sy
maeckte vuyr en braden een schildtpadt voor ons die Daniel Silleman
weygerde om te eten, seggende hy soude daer eerst van eten, waer op den
Hottentot antwoorde: „Hongerige ziele, soude ick u kost op eten, dat
doen wy niet.” Dies wy die eyndelick op aten.
Als nu het water dat sy gebraght hadden uyt was, gaven wy haer elck
acht dubbeltjes en vraeghden haer of sy meer wilden halen, dat wy haer
dan meer geldt souden geven. Hier op gaen ’er twee weder om water ende
de andere twee bleven by ons die wy wat toeback gaven. Een van de twee
dewelck by ons bleef was die gene die wat Duyts konde en zeyde dat hy
een capiteins soon was; de andere twee naer dat zy na gissinge vier
uren waren wegh geweest quamen wederom en bragten water daer wy seer
hartigh van droncken.
Dat gedaen zijnde spraken sy van naer haer woninge te gaen; begaven ons
met haer op de weg maer de Commandeur was soo zwack dat ’t elkens neder
viel en sy waren soo gezwindt in ’t vooruytloopen dat ick haer oock
niet volgen konde, oock soo wilde ick myn maet niet verlaten. Sy dan
waghten ons verscheyden reysen in en droegen onse rocken daer wy ons ’s
nachts mede deckten; maer als sy sagen dat de commandeur niet voort
konde komen en ick van hem niet gaen wilde, seyden sy dat wy hun in
haer hutten soude vinden; namen onse rocken mede, denckende dat wy
souden volgen, maer als sy een musquet schoot van ons af waren bleven
sy stille staen en maeckte een misbaer, niet of sy menschen maer of ’t
duyvels waren.
Daer op quamen sy alle vier weder na ons toe loopen; wy dat siende,
meenden dat sy ons om den hals soude brengen, maer twee van haer gaven
haer geweer [190] over en siende dat ick noch gauwer als de commandeur
was, vat my elck by een arm en liepen met my weg, latende de commandeur
leggen. Hy, my dan soo siende mede slepen, kroop soo veel hy kost voort
om my te volgen, maer na dat sy my een groot stuck weeghs hadde mede
gesleept (en ick van haer geen goedt was verwachtende), sochte ik
t’elkens van haer af te komen; haelde een knip-mesjen (dat ick by my
hadde) uyt myn sack, waer mede ick na de eene stiet, dit voort los
liet, en doen dede ick van gelijcken naer de andere die my oock los
liet waer door ick gelegentheyd kreeg haer te ontvluchten, gelijck ick
oock van haer ter zijden af in ’t bos liep. Doen maeckten zy een groot
geschreeuw waer op twee andere die al ’t geweer droegen en een stuck
weeghs achter waren, na haer toe liepen en haer geweer overgaven; waer
op sy alle vier na my toe quamen en met haer pijl en boog ons dreygden
te doorschieten. De voornoemde Hottentots riepen tot verscheyden malen
dat ick by haer soude komen maer ick en wilde niet uyt vreese als sy my
in haer coralen [191] gesleept hadden, my slachten en eeten soude.
Ondertusschen was de commandeur weder by my gekomen en als sy dan sagen
dat ick niet met haer en wilde, smeeten onse rocken weder toe, maer een
leeren rantsel daer omtrent 180 gulden aen geldt van my in was namen zy
mede en lieten ons daer samen sitten.
De nacht aenkomende leyden ons tot slapen ende den volgende morgen
marcheerden wy weder te rugh en quamen ter plaetse daer wy te vooren
die swarte bessen gegeten hadden; bleven daer 4 dagen by malkander
leggen, want de commandeur konde niet een voet meer versetten en ick
wilde hem niet verlaten. Ick pluckte somtijds wat bessen die ick hem
brachte, maer eyndelijck van tijd tot tijd soo verzwackte dat hy op den
5. dagh naulijks meer geluyt konde geven. Ick bleef soo langh by hem
dat de spraek hem quam te begeven en op den 30. of 31. December den
geest gaf.
Ziende dan geen ander uytkomst als de doodt, verliet hem en wenste
weder by de Hottentots te zijn, doch die gedagten en konden my doen
niet helpen; derhalven resolveerde weder naer strandt te gaen, met
voornemen so het verlaten schip daer noch lag, naer het selve te
swemmen. Ick gaf my dan in de achter-middagh op wegh en marcheerden soo
verre dat ick tegens den avondt ons schip weder in ’t gesight kreegh en
soo mijn dochte sagh ick achter het schip noch een vaertuygh, maer
konde het selve door de duysterheyt niet kennen, ging egter soo lange
voort als ick sien konde, alsoo mijn hoope was Christen menschen te
vinden. Als het dan gants duyster was geworden maekten ick vuyr, en een
bos rijsen [192] by malkanderen geraept hebbende stak die in brandt en
alsoo ick nogh weynigh toback op my hadde, rookte van deselve een
pijpjen en begaf my om te slapen.
Den volgende morgen marcheerden ik soo spoedig voort als mijn mogelijck
was en quam omtrent ten 10 uren aen strant, zijnde den 2. January 1694
alwaer ick onse verlaten schip vondt van sijn ankers geslagen en tegens
strant geset; oock sagh ick een schip met 3 masten in de baey, met noch
een Engels vaertuygh, omtrent een mijl van land. Ick was seer verblijt
als ick dit schip sagh ende begon met mijn Engelsche-Mus die ick op
hadde te wencken waer op een schuytjen met twee man wierd afgestuert om
my te halen. Als dit vaertuygh omtrent de brandingh was gekomen, liep
ick van blijdtschap tot onder mijn armen in ’t water en gerraeckten
alsoo behouden in ’t vaertuygh. Van dese twee maets verstondt ick dat
het eene schip met drie masten, den Dageraet was, en het Engels
vaertuygh de chaloep de l’Amie [193], dewelcke van de Caap waren
afgeschickt om het schip de Gouden Buys af te halen. Zy roeyden my aen
de Gouden Buys alwaer den schipper Jan Tack die den Dageraet voerde op
was.
Welck schip de Dageraet, schipper Jan Tack voornoemt (op ordre van den
Gouverneur van de Caap die den 28. December d’eerste kennisse van de
Saldange Baey had bekomen) den 29. dito was afgesonden en de Tafel Baey
uyt gelaveert en quam op den 1. January 1694 aen het schip de Gouden
Buys die voor omtrent 12 dagen van te voren van sijn anckers gedreven
nu tegens de wal van S. Helenaes Baey aen vonden leggen op 15 voeten
waters, hebbende alleen maer 23 duym water in; sulks schipper Jan Tack
moet hadde, om ’t selve van strand af en weer in ’t diep te brengen;
dies hy aen de Gouverneur van de Caap over de landt wegh daer van
kennisse gaf waer op zijn Ed. hem toesondt ’t Jacht Tamboer, ’t Galjoot
’t Hoen, en ’t vaertuyg Jupiter met 50 man die den 10. January daer
aenkomen; waer op zy gesamentlijck te werck gaen, hebbende zijn ladinge
uyt deselve genomen om te lichten en ’t schip in ’t vlot te brengen,
gelijck dan sulcks oock op den 12. January daer een weynig na begon te
lijcken, dewijl ’t schip nu maer 14 voet gaende, vermids alle zware
goederen daer uyt waren geborgen en reets op 12 voeten water was
gebragt; op den 13. dito meende men ’t genoegsaem te hebben gewonnen,
maer ’t weer en windt wat ontstelt sijnde, ’t geene de zee hooger deede
dijnen als te vooren; raekte ’t schip geweldigh aen ’t stooten, sulcks
de groote mast 2 voeten uyt sijn spoor lichte en ’t schip leck
geraeckte, waer op geresolveert wierd de lins te kappen [194] en ’t
schip weder na de wal te laten drijven, gelijck gedaen wierd; waer op
het den 15. January op zy viel; dies men vorder alle wat nogh kon
geborgen worden en daer noch in was als loot, yser en eenige andere
waren met 9 anckers en touwen daer uyt lichten ende te samen gelaeden
na de Caap weder keerden; welcke schepen als ’t jaght Tamboer, ’t
galjoot ’t Hoen ende Jupiter neffens de chaloep de l’Amie op den 4
February weder na Gouden Buys sijn afgesonden om verder alles te bergen
wat nogh overigh was, gelijck zy oock deeden en den 7 February weder
volladen te rugh keerden en ’t hare in salvo bragten: welcke goederen
vorder na Batavia met de Compagnie schepen sijn versonden.
Daer gekomen zijnde sagh my een yder met verwonderingh aen daar dien
ick gandts swart en mager van honger was, want het was nu 7 en een
halve week dat ick van schip was gegaan. Ik eyschte drincken, en also
geen water by de handt was, seyde den schipper het beter te zijn dat
ick versterckende dranck nuttighde en liet een half-musjen [195]
caneel-water geven dat ick graegh in dronck. Ondertussen vondt ick een
vaetjen met water, daer in zynde 6 kannen water dat uyt de schuyt in ’t
schip was gekomen en, alsoo ick noch niet machtig was het selve op te
lichten (een teken van seer kleyne kragt), leyde het by my neer en
dronck het meer als half leegh. Oock liet my de schipper een pint
Franse wijn geven, die ick mede met smaeck uytdronck. Ick verstondt van
’t volck dat sy ’s avonds te vooren met haer schepen daer waren gekomen
en dat sy wel seventhien a achtien doode lichamen gevonden hadden waer
van eenige soodanigh gestelt waren, dat men haer niet konde handelen.
Ongelooffelijke stanck wasser in ’t schip en alsoo den avondt viel en
het niet geraden vonden om in die grooten stank het volck in het schip
te laten, stapten sy alle in de boot en sloep om weder aen boort van
haer schip te varen, maer voor haer vertrek van boort hoorden zy noch
gekerm van een mensch, waer op zy weder uyt de sloep in het schip
gingen om te besoeken en komende in de stuurboorts hut, vonden aldaer
den hof-meester Jan Frantz. Doesborgh heel kranck. Zoo haest hy ons
sagh riep hy: „Slaet my niet doodt, ick sal seggen waer het geldt is.”
Wy vermoeden dat hy meenden dat wy quamen om het schip te berooven. Hy
seyde dan: „Het geldt leydt onder de schipper sijn kooy.” Zy namen hem
uyt het schip en quamen alle weder in de sloep, en bragten hem op het
schip den Dageraet alwaer van behoorlijcke medicamenten tot herstelling
zijnder gesontheyd met de hulp van Godt wierde gegeven; dogh hy
overleed na twee en een half etmael op den Dageraet.
Om weder tot mijn varhael te komen, so bragten sy my met mijn kisten en
slaep goedt aen den Dageraet. In ’t roeyen naer ’t schip voeren wy
eerst aen de chaloup l’Amie, alwaer zy 2 gebraden vissen, twee
geweyckte bisschuyten en een kanne water voor my overlanghde, aen de
welck ick in ’t roeyen na de Dageraet begon te peuselen en op het schip
gekomen zijnde wierd ick van de kock met warm water van ’t hooft tot de
voeten gewassen; verschoonde my doen van alles en dit gedaen zijnde,
sette de kock my schape vlees met geele wortelen voor om te eeten; daer
toe wierd my so veel wijn gegeven als ick konde drincken.
Wy bleven hier noch drie dagen leggen; onderwijlen wierd ons schip De
Dageraet geladen met de gebergde goederen van het verlooren schip De
Gouden Buys, waer onder seventhien kisten met geldt waren.
Onse ladingh in hebbende, gingen in Compagnye van de chaloup l’Amie
(die oock volladen was) ’t zeyl en na dat wy twee dagen in zee geweest
waren, kregen een storm dat wy in korten tijdt door de poorten tusschen
deck drie voet water in kregen. Wy deden dan met alle man soo veel met
balijen en putsen dat wy eyndelick het schip weder leegh kregen; maer
’s anderen daegs, eendeels door contrarie windt en anderdeels om ons
schip wat te kalleffateren de Saldange Baey in liepen, alwaer wy oock
visten ende in twee trecken met den Zegen wel een half schuyt vol vis
vongen; de gevangen vis aan boort gebraght hebbende koockte, braede en
backte deselve daer ick niet weynigh mijn part van kreegh, ’t welck een
groote vervarssingh voor mijn was. Sy broghten my oock na de Compagnie
post die in de Saldange Baey leydt om een van myn mackers die sy seyden
van de Swarten daer gebracht te zijn te besoecken, maer als ick daer
quam verstondt ick dat hy daeghs te vooren met een vrijmans vaertuygh
dat daar lagh was vertrocken. Ick verstont hier oock dat de swarte die
my in ’t bos gevonden hadde, aldaer de tijdinge hadden gebragt dat sy
ons beyde wel gevonden maer niet mede hadden konnen krijgen, gelijck
waer was. Ick vroeg of zy mijn rantsel met geldt daer niet hadden
gebraght, daer ick op tot antwoordt kreeg dat sy wel wisten wat geldt
was en wijser waren het daer te brengen. Sy gaven ons dan te eten ende
dat gedaen zijnde, voeren weder aen boort, maekten den volgende dagh
zeyl en staken in zee. Na dat wy weder 2 daghen in zee geweest waren,
kregen de Tafel en Leewen Bergh in ’t gesigt; die nacht was het heel
stil weer en liet de stuerman in de honde-waght [196] ons groote zeyl
met de fock [197] op gijen [198], streken ons mars-zeyl op de randt
neder en lieten het alsoo drijven; na datter 6 glasen in de honde-waght
uyt waren [199] zagen wy de brandings soo natuerlijck dat het ons heel
ontstelde; hier op komt de schipper uyt sijn kooy, die hem in ’t begin
van de honde-wagt tot slapen had geleydt en de sorgh aen de stuerman
gelaten hadde, zeyde: „Mannen wat wil dit zijn? Heer, wat is dat? Soude
wy wel aen de vaste wal sijn?” Dit seyde hy uyt oorsaecke van de groote
mist die daer was en alsoo de zee boven gemeen hol gingh, was het wel
te presumeeren dat wy digt by landt mosten wesen, lieten het diep loot
werpen en bevonden op 10 vadem water te sijn. Hier op riep de schipper:
„Mannene ’t sa, wacker! Het ancker voor van de boegh af en laet het
vallen”; daer wel voort aengegaen wierdt maer de branding begost al
voor ons te breken. Na dat wy 2 anckers hadden laten vallen en omtrent
100 vadem geviert [200] was eer het selve wilde houden, waren wy alsoo
dight op de wal dat de brandingh met sulcken kraght voor ons schip
storten dat onse groote blinde ree [201] in de eerste stortingh aen
stucken brak waer op ons voor schip wierdt aen stucken geslagen. Een
man die voor de beetingh [202] stont, wierdt van de zee tegens deselve
aen geslagen dat sijne ribben aen stucken waren; hy kroop noch na de
cojuyt, maer bestorf het. Door de vuyle klippige gront raekten beyde
onse cabel touwen aen stucken en wiert ons achter-schip tegens de wal
geset dat hem het roer van syn gat af stiet en het voorschip dwars zee,
soo dat hy met syn stuur-boort aen landt quaem te leggen en wierd al
hoger op tegen de wal geset. Wy kregen van bakboort sulken zee, dat ons
de focke mast midden door sloegh. Even te vooren hadden wy de schuyt in
de taakels [203] gehangen om te sien of wy met deselve niet konde
ontvluchten, maer wy sagen daer geen apparentie toe want d’eene zee was
niet over ons hooft of kregen eer wy ons adem gehaelt hadden d’ander
weder op ’t lijf. Wy vluchten dan d’eene parthy op ’t half-deck [204],
sommige op de hut [205], eenige klommen in ’t want andere saten op het
zonne-dek [206], in somma elck sogt hem te salveeren als hy best konde.
Ick was dan mede achter op geloopen; onderwijlen komt daer een zee en
slaet de schuyt in sijn taakels aen stucken dat de achter en voorsteven
bleef hangen en met deselve zee, raekte onse groote mast (die digt
onder de mars wierdt aen stucken geslagen) over boort; de zee die daer
op volgden sloeg de boot die los in sijn klampen [207] stont mede over
boord ende de groote mast noch eenmael aen stucken.
Hier na wiert het voor schip tot aen ’t groote luyck van ’t achter
schip van malkanderen geslagen so dat ondertusschen het agter schip
hooger tegen strant aen schookte. Op het sonne-deck waren wel 15 a 16
gevlught dewelcke door een zee met het selve van ’t schip wierden
geslagen en van ’t water alle over de klippen aen landt geset. Kort
hier op wierdt het deck van de hut, daer de rest van ’t volck op was
gevlught (behalven ick en de konstapels jonge [208], gelight en quamen
als de voorige aen landt. Ick op het vrak van ’t schip staende, trock
mijn kleederen uyt om met swemmen aen ’t landt te komen, maer siende
dat ’er verscheyden waren die beter swemmen konden als ick haer te
water gaven, maer wat ter zijden het schip gekomen zijnde trock het
water soo sterck dat het haer in zee sleepte en alsoo 15 a 16 man
verdronck; ick moeder naekt dit ellendig schou-spel aensiende, quam
weder een zee en slaet my met de jonge een stuck van boort in zee; ick
verliet het stuck houdt, alsoo om siende veel houtwerck en vaten op my
sagh afkomen, liet my na de gront toe sincken om van deselve niet
beschadigt te werden. Onderwijlen raekten dit goedt alles over mijn
hooft en weder boven komende, zag mijn door de vloet van ’t water een
goedt stuck van ’t wrack af, de tweede brandingh over viel mijn soo
schielijck dat ick deselvige niet konde ontwijken; zij nam mijn op en
smeet my los tegens de klippen in, alwaer ick door de bandieten [209],
die op het schieten daer gekomen waren, zijnde vijf sterk, gezwind
daeruyt gehaelt wierd.)
Op het landt gekomen zijnde, bragten sy my by een groot vuyr om te
warmen dat sy gemaekt hadden; gewarmt hebbende setten sy my met noch
vier andere op een wagen, bragten ons in haer woon huys en setten ons
broot en kaas voor daer wy wat van aten. Na dat wy daer drie dagen
hadden geweest, wierden met de boot van ’t schip Schoondijck dat aen de
Caap lag van daer gehaelt en aen de Caap gebragt en aldaer gekomen
zijnde, vondt ick mijn cammeraet Lourens Thysz. op ’t hooft staen die
in ’t bos met den boekhouder van ons was gescheyden; als hy my sag
verwellekomde my met groote blijdtschap en nam my met hem in zijn
logement, ten huyse van de voorgemelte vryman Lambert Adriaansz. alwaer
ick wel wierde ontvangen en bleef logeeren.
Eenige dagen hier naer, deden wy aen den secretaris van den Governeur
het voor-verhaelde relaes, het welcken in ’t kort opgeschreven zijnde,
wy met eden bevestigen.
UIT PETER KOLBE SE „BESCHRYVING VAN DE KAAP DE GOEDE HOOP.”
INLEIDING.
Soos ons aangemerk het by die Dagverhaal van Van Riebeeck, het die
eintlike invoer van slawe in die Kaap begin in 1658; en sedertdien is
daar gereeld meer van daardie koopwaar in die land gebring. Die
Kompanjie het daar o.a. spesiaal ’n skip aan die Kaap op na gehou om
hulle te gaan inruil op Madagaskar, Mosambiek, die kus van Angola of
Guinea; terwyl ander, maar minder in getal, ook verkry is uit
Voor-Indië en die Oos-Indiese eilande. Waar die Hottentotte te lui of
te onafhanklik was om vir die Kompanjie of vir die koloniste te werk,
en waar blanke knegs te moeilik verkrygbaar was en te duur om aan te
hou, was dit slegs natuurlik dat in ’n tyd toe slawerny ’n algemeen
erkende instelling was, die Kaapse regering die toevlug tot slawearbeid
sou neem. Daar is ook geen twyfel aan nie dat die gebruik van slawe
heelwat bygedra het tot die ekonomiese ontwikkeling van die land,
vernaamlik van die meer intensiewe graan- en wynboerdery van die
westelike distrikte. Die aanwesigheid van die slawebevolking, wat
spoedig die blanke bevolking oorvleuel het [210], het egter nie alleen
goeie gevolge aan te wys nie. Onder die „lijfeigenen” was daar egte
booswigte wat hulle aan die ergste misdade skuldig gemaak het:
moordpartye op die persoon van hulle meesters, aanslae op vroue en
kinders, brandstigtings, ens. Andere, weer, het hulself nooit kan
versoen met hul nuwe toestand nie en het gedurig probeer om te ontsnap
die land in. Dit is ’n paar van dergelike episodes wat ons hieronder
plaas uit die pen van Peter Kolbe, die bekende skrywer van wat lank die
standaardwerk oor die Kaap gewees het, nl. die Naaukeurige en
Uitvoerige Beschryving van de Kaap de Goede Hoop [211]. Peter Kolbe
word nou deur heelwat mense as ’n bedrieër en kwaksalwer beskou; en ná
’n periode van roem het sy reputasie gedurig verbleek sedert die
aanvalle wat De la Caille, Le Vaillant en later skrywers op hom gemaak
het. Ons is egter van oordeel dat Kolbe nie so fantasties en
onbetroubaar is as wat hy soms voor uitgemaak word nie. Op sy
uiteensetting van die samestelling en werking van die verskillende
regeringsliggame, b.v., is maar bitter min aan te merk. Ook wat hy
meedeel oor die lewe en gewoontes van die Hottentotte, waarvoor hy die
aantekeninge van die uitstekende inboorlingkenner J. W. de Grevenbroeck
tot sy beskikking gehad het, is oor die algemeen geloofwaardig en
korrek. Ons kan nie die versoeking weerstaan nie om ook uit daardie
gedeelte van sy boek ’n paar uittreksels te plaas.
Ongelukkig is dit waar dat vir anekdotiese verhale hy maar alte dikwels
afgegaan het op sterk-gekleurde mededelinge van persone wat hul
gegewens ook al nie uit die eerste hand gekry het nie—mededelinge wat
hy somar sonder die minste poging tot kontrolering in sy werk opgeneem
het. En selfs daar waar hy self ooggetuie was van die feite wat hy
aangee, laat sy geheue vir hom meermale in die steek. Kolbe was heel
seker liggelowig en onkrieties van aanleg. Ons is egter geneig om vir
hom hierdie swakhede te vergewe, al was dit maar om die eg Afrikaanse
atmosfeer wat sy beskrywinge kenmerk, en die aansteeklike geesdrif
waarmee hy sy onderwerp behandel.
UIT PETER KOLBE SE „BESCHRYVING VAN DE KAAP DE GOEDE HOOP.”
Misdade van die Slawe.
Eenigen tyd daar na [212] is ’er een zeer droevig en beklagelyk geval
door een party weggelope slaven en slavinnen gebeurt, ’t welk ik der
moeite wel waardig acht dat ik den lezer de gantsche geschiedenis
omstandiger verhaal dan ik reeds in een van myne vorige hoofdstukken
gedaan heb.
Eenige slaven en slavinnen van verscheide burgers maakten eenen aanslag
om geweer van hunne meesters te stelen en de vlugt te nemen, om daar
door hare verlore vryheid weerom te bekomen [213]; zy waren onder
malkanderen ook overeengekomen dat ’er een van hen koning en eene
koninginne zoude zijn [214], met magt om allerhande bedieningen onder
hen als vrye luiden te begeven. Aldus ’t hazenpad gekozen en achter den
Duivelsberg gekomen, zagen zy eenen schaaphoeder van den burgermeester
Cornelis Botma [215] den welken zy wilden dwingen eenige hamels zonder
geld te laten volgen. Door dien hy zich echter daartegen kante, en ’t
belang van zyn meester na behoren behertigde, sneden zy hem den hals af
en lieten hem in zyn bloed leggen. Vervolgens dodeden zy ook eenige
hamels en namen in een dal achter den Tafelberg, welk dal met bomen
bedekt was, de vlugt, alwaar zy hunne hamels kookten en zich vrolyk
maakten.
Den anderen morgen, met het krieken van den dag, sloegen zy hunne
tenten op en trokken dieper landwaarts in, terwijl hunne meesters niet
wisten waar deze baldadige landlopers gebleven waren en twyffelden of
zy misschien de 5 slaven van den heer keldermeester Jacob de Wets [216]
verlede jaar weggelopen, waren gevolgt. Deze vlugt wierd aan den
fiskaal independent ook bekent gemaakt, dog deze wist ook niet waar hy
ze zoude laten zoeken. Ondertusschen deeden deze vermetele vlugtelingen
niet dan stelen en moorden tot dat zy eindelyk in den Groenen Kloof nog
een groter schelmstuk uitvoerden. Wanneer zy, zoo als gemeld is, in den
Groenen Kloof quamen, ontmoeten zy eenen Duitscher van Hamburg van
geboorte die ’t vermaak van de jagt nam en wyl zy hem van verre zagen
aankomen, verborgen zy zich achter struwellen tot dat hy dicht by hen
was, wanneer zy hem allen teffens op ’t lyf vielen en ’t geweer afnamen
met deze woorden: „Wat wilt gy doen? Gy moet sterven; wilt gy bidden,
zoo maakt het kort, wy hebben niet lang tyd.” Daar op verzocht deze
Duitscher dat zy hem maar een weinig tyd mogten vergunnen, om zyn ziel
in Gods bescherming te bevelen zoo als zy ook deden. Dog wyl hy in zyn
gebed aanhield en hen de tyd te lang viel, zeiden zy tegen hem: „Maakt
dat gy ons niet ophoud, wy konnen zoo lang niet wachten.” Ondertusschen
lieten zy hem op zyn lang smeken nog een Vader Onze bidden waar na zy
hem ’t hoofd insloegen [217], en als zy zagen dat hy dood was, sneden
zy hem den buik op, namen ’t ingewand daar uit en hingen de darmen over
de struiken en lieten hem aldus leggen [218].
Wie heeft ooit van een yzelyker gruwelstuk gehoort? Wie heeft ooit
gelezen dat een moordenaar eenen rampzaligen aldus heeft gehandelt?
Geen beest pleegt tegens zyns gelyke eene zodanige gruwzaamheid, veel
min kan zulks met een mensch bestaan. Dog de maat van hare zonden zal
nu ras vol worden, vermids zy zich van hier begeven en eenen
diergelyken of nog wel afgryzelyker moord in den zin hadden, dien God
echter belet heeft.
Haar aanslag was zich na de Saldanha-Baay te begeven, om dat zy hadden
gehoort dat ’er maar een man dien post der Voortreffelyke Maatschappy
bewaarde en op de aankomende schepen achting gaf en dat de anderen
elders gebruikt wierden. Tegen den avond quamen zy aan dat huis onder
voorwentzel dat zy van hunne principalen uitgezonden waren om geweer na
hunne veeplaatzen te brengen. Deze eenvoudige geloofde zulks, te meer
om dat hy kleine kinderen by hen zag. Ondertusschen vernam hy van eene
slavinne, die hy ter zyde in een ander vertrek had gebragt, hunnen
goddelozen aanslag, te weten, om hem dezen nagt te vermoorden, als mede
dat zy reeds de twee verhaalde moorden hadden gepleegt en bad hem dat
hy tog ter dege op zyne hoede zoude zyn, en, na dat hy haar had
verboden om aan iemand iets daar van te zeggen, liet hy ze gaan en riep
den eenen na den anderen in zyne kamer, alwaar hy hen zoo voort de
handen op den rug bond met bedreiginge, dat hy de geene die den mond
opende om te schreeuwen zoo voort door den kop zoude schieten en hy
bleef den gantschen nacht by hen, om te beletten dat de een den anderen
los maakte. Zoo dra de dag begon aan te breken, bond hy ze allen met
een touw aan malkanderen en dreef ze aldus voor zich, de slavin alleen
liet hy vry gaan tot dat hy ze aan de Kaap zelf bragt [219].
Zoo dra zy daar quamen, wierden zy in een donker gat geworpen; kort
daar na naauwkeurig ondervraagt en, alles beleden hebbende, op de
volgende wys gevonnist: dat vyf [220] van hen levend zouden worden
gerabraakt, daar onder hare koning en hoofdmoordenaar die alvorens met
gloejende tangen zoude genepen worden; wyders dat zy allen levend van
’t kruis genomen, op een rad gezet en aldaar zoo lang met spys en drank
verzien zouden worden tot dat zy van zelf den geest gaven, voorts dat
de koninginne aan een paal gewurgt zouden worden en dat alle de anderen
met stroppen om den hals de executie onder de galg zouden aanzien, en
vervolgens strengelyk gegeesselt en op ’t voorhoofd gebrandmerkt
worden.
Eer en alvorens dit vonnis wierd voltrokken verzocht de geen die deze
midsdadigers herwaards gebragt had, nogmaals zeer instandig dat de
behoudster van zyn leven, menende de slavinne, die hem dezen aanslag
had geopenbaart van de straffe mogt worden verschoont; dog wat redenen
men heeft gehad om zulks niet te doen hebbe ik nooit konnen ontdekken;
zy moest nevens de anderen gelyke straffe uitstaan en quam niemand vry
als een kind van 8 jaren [221] dat de vader gedwongen had mede te gaan
en een dochtertje van een half jaar dat de zoo genaamde koninginne met
zich op haar rug genomen had.
Wanneer ik de executie zag, stont ik verstelt over de hardnekkigheid
van deze booswigten, want daar anders iemand de felle pyn van ’t breken
van zyne leden voelt, zoo als by ’t rabraken geschied, zoo heb ik
overal waargenomen dat zodanige rampzaligen erbarmelyk schreeuwen; dog
hier hoorde ik by geen eenen slag een enkelt woord zelfs niet „O wee!”
en wanneer men ze van ’t kruis nam en levend langs eene ladder ophaalde
en twee aan twee met den rug tegen elkander op een rad zette en ze met
een touw om haar lyf daar op vast bond, maakten zy wederom geen gerucht
ter waereld en verzochten enkelyk water om te drinken, roepende in de
Portugeesche tale: „Ago, por bebe” ’t welk hen niet alleen gegeven
wierd maar men bood hen ook wyn en allerhande spys aan, waartoe zy
echter geen trek hadden.
Dien namiddag ten 3 uuren gaven zy den geest en wierden door de
beulsknechts van de raden afgestoten, naderhand twee aan twee aan
malkanderen gebonden en door drie beulsknechts door alle straten buiten
na ’t gerecht gesleept en aldaar weder op raden gezet. De koningin
stont toen ze gewurgt zoude worden op een stoeltje en wanneer men het
weg trok viel zy voor over om dat de strop aan stukken brak; dog door
dien zy zoo voort weder de oogen opende en na de lucht snakte, wierd zy
op bevel van den rechter andermaal gewurgt en vervolgens met haar
gemaal den gemelden koning gesleept en tegen hem over aan de galg
gehangen.
Is dat niet een treurig en droevig voorbeeld, dat een menschelyk hert,
’t welks slechts een weinig nadenken heeft, zodanig kan doen ijzen dat
het met diergelyke booswigten onmogelyk medelyden hebben kan? Ik
verzeker u, Lezer, dat ik eene grilling over myn gantsch lichaam voel,
zoo dikwyls als ik daar om denk, om dat ik vele zelfs zwaarder
executien heb gezien, dog gene daar de misdadigers zoo verstokt geweest
zyn. Wie nu een weinig gevoelig is, zal zekerlyk deze vermetelheid niet
alleen vervloeken, maar ook eene zodanige hardnekkigheid doemen.
[22 Oktober word Kolbe aangestel as sekretaris ad interim van Landdros
en Heemrade op Stellenbosch.]
Terwyl ik echter dit ambt bekleedde, vielen ’er zeer zeldzame zaken
voor, waar van ik ’er maar eenige mededelen zal, want dezelve alle te
verhalen zoude te wydlopig en te verdrietig vallen. Van moordaardige
slaven heb ik reeds een gruwzaam exempel verhaalt.
Een ander (slaaf [222]), dien de Heer Elzevier heeft laten verkopen,
verstoute zich uit wraakzucht, ’t huis van zynen gewesenen heer op
Elzenburg in den brand te steken [223]. Door dien hy echter door de
slaven, die ’t huis bewaarden verscheidemalen in zyn voornemen belet,
en eindelyk door dezelven gevat en herwaards na Stellenbosch gebragt
wierd, zoo liet Landdrost Mulder hem na de Kaap brengen, en maakte hem
na vrywillige bekentenis zyn proces welkers slot was dat hy met een
keten om ’t lichaam aan een paal zoude vastgemaakt en hout rontom hem
gelegt, en aldus levend verbrand of gebraden werden [224].
Nooit had ik konnen denken dat een mensch dien de vlam gestadig in de
oogen en in ’t aangezicht speelt, zoo lang konde leven, als deze deed;
want hy liep niet alleen lang rontom den paal en weerde de vlam van
zich af, maar hy beweegde heel lang armen en beenen, en riep overluid:
„O Deos mio pay!” O God, myn Vader! en leefde aldus ruim een quartier
uurs in ’t vuur. Waar uit dan licht is af te nemen, dat, wyl zyn
lichaam niet verbrand maar gebraden is, zulks een zeer pynelyke en
erbarmelyke dood moet zyn, waar mede schier geene zoort van dood kan
vergeleken worden.
OOR DIE GOOI- EN SKERMKUNS VAN DIE HOTTENTOTTE.
Behalven dit snel lopen, konnen zy ook zeer net met stenen en korte
stokken, zoo als ook met Hassagajen en alle andere harde en bequame
dingen werpen; zo dat de Heer Vogel in zyne tienjarige Oost-Indische
Reisbeschryving pag. 76 [225] hen reeds den lof heeft gegeven, dat het
by hen niets nieuws was, dat een Hottentot met een steen 100 schreden
ver een perk van een gulden in den omtrek konde raken; dit doen zij
niet eens of tweemaal, als of zy het maar by geval raakten, maar tien
malen en meer achter malkanderen, zonder eene reis te missen. Het
aanmerkelykste by dit werpen voor een toekyker is, dat hy onmogelyk kan
begrypen, hoe zodanig Hottentot doelen of raken kan, omdat hy geen
ogenblik stil blijft staan, maar in een gestadige beweging is, lopende
dan voorwaard, dan achterwaards, dan ter zyde, en dravende dan gebukt
en dan weder overend, heen en weder terwijl hij den steen zoo gezwind
werpt, eer men zulks voorziet en raakt echter met alle zijne grimassen
het voorgestelde perk zoo net, dat men moet zeggen dat de beste
schutter niet beter het wit zoude hebben konnen raken.
Zij konnen niet alleen zoo net werpen met stenen, maar ook met hunne
Kirri en Rakkum-stok [226], zoo als ook met hunne Hassagayen, zoo dat
hen niets kan voorkomen, waarmede zij deze kunst niet konnen
verrichten. Ik heb dikwijls met verwondering gezien, als zy uit ernst
of jok na elkander wierpen, om dat zy altoos de plaats waar de party
gestaan had, of hem zelven zekerlijk raakten, wanneer hij zich niet
door draajen en buigen of lopen daar van bevrijde. Ook heb ik dikwijls
gezien, dat zy met hunnen Rakum-stok een haas, ree of steenbok in eene
reis dood wierpen, zoo dat de stok of in ’t lichaam bleef steken, of
dat het wild op een andere wijs daar door gedood werd. Dit net werpen
heeft hen misschien gelegentheid gegeven, om op een verdediging bedacht
te zijn en zich in ’t vechten en afweren te oeffenen welk beide zy ook
meesterlyk verstaan......
Dikwils ben ik aanschouwer geweest, wanneer zy zich of uit ernst of uit
jok daar in oeffenden, en derf ik met waarheid zeggen, dat het al zeer
aangenaam om te zien is. Want zy lopen van elkanderen en werpen
malkanderen met stenen, Rackum-stok of ook met hunne lange Hassagayen.
Wanneer de party het geworpene ziet aankomen, gaat hij zelden van zijn
plaats af, ja zelfs bukt hij zich niet als hij maar zijn kirrie in de
hand heeft, dat hy het zelve daar mede kan afpareren. Vervolgens lopen
zy weder dicht by elkanderen, en houden de gemelde kirris in de handen
voor zich of boven het hoofd en doen daar mede zulke aardige stoten,
dat men niet weet, wat men van die aardige kunst zal denken en
twijffelt of een Europeaansche schermmeester dit wel beter zouw klaaren
als een Hottentot, te meer als men ziet hoe konstig zij deze laatste
houw en steek weten af te keren.
Ik hou my t’ eenemaal verzekert, dat wanneer een bequaam en wel
geoeffende schermmeester met een Hottentot zoude vechten, en dat zy
beide eenerlei geweer [227] hadden, de schermmeester of beschaamt hene
zoude moeten gaan, of ten minsten dat hy niet veel op zyne bequaamheid
zoude hebben te roemen; om dat zy zoo wel valsche quinten [228] en
zij-sprongen weten te maken als een schermmeester, en vrij wat beter en
vaardiger [229].
DIE MUSIEKKUNS VAN DIE HOTTENTOTTE.
Wat haar musiek aanbelangt, dezelve is niet wel in de figuraal en
vocaal musiek te verdelen, om dat de eene buiten de andere zelden of
nooit word gehoort. Ondertusschen zal het nodig zijn de nodige
speeltuigen van de Figuraal-Musiek eerst te beschrijven, welke met die
van de Europeaansche zeer weinig overeenkomen. Een van dezelve is ook
by de slaven gemeen, en kan ik derhalven niet wel zeggen, of dezen het
van de Hottentotten of de Hottentotten het van de slaven uit andere
landen ontleent hebben; by beiden van dezelven is het bekent met den
naam van Gom-Gom.
Deze Gom-Gom is een ronde boog van vast taai houd als olijf of
yzer-hout. Dezelve word met een middelmatige snaar, byna als de second
of A op de viool, bespannen, welke snaar zij zelven van schaapdarmen,
of zenuwen maken. Aan het eene end, daar ze aan den boog word
vastgebonden, maken zy een afgesneden en gesplete penneschacht vast,
welken zy nevens de doorlopende snaar in den mond houden op dat het
dreunen van de snaar haar niet zeer zou doen en aan de snaar ook den
ordentlyken klank niet benomen worde, welke zy door het inhalen en
laten gaan van den adem formeren.
Wanneer zy een volstemmige Gom-Gom willen maken, zoo als men ze ook
eenvoudig, slecht en op de jegenswoordig beschreve wijs heeft, zoo
steken zy aan het ander einde, eer de snaar aan den boog gespannen en
gebonden word, een cocos of klapper-note schaal, die daar gezaagt en
van binnen ter dege uitgeholt en van alle aanklevende huidjes gezuivert
is, welke als de resonans geven moet.
Van deze cocos-noot word van boven maar een derde deel afgezaagt, het
welk men hier wegwerpt, of anders aan een slaaf geeft, om daar uit te
drinken. Het overige en grootste deel maakt men op de gemelde wys aan
de snaar vast, zodanig dat de gaten niet te diep benedewaarts moeten
worden geboort, welke daarenboven ook recht tegen elkander over moeten
staan op dat de overige schaal te beter aan den boog kan sluiten. Om
dat nu de schaal of klank van de snaar daar in als in een ronde holte
weerstuit en zich vermeerdert, zoo klinkt het instrument niet alleen
veel beter, maar zy konnen ook door de beweging van de gemelde
cocos-schelp allerhande tonen maken, welke men op een ander instrument,
zoo eenvoudig als dit, zoude konnen practiseren.
Wanneer drie of vier gom-gommen van verscheide snaren by elkanderen
zyn, en de genen die daarop spelen wel met elkanderen overeenstemmen,
zoo maakt het een zachte en aangename muziek, waar van niemand door het
te hard geluid het hoofd zeer doet, maar het gehoor lieflyk gestreelt
word; en weet ik my te erinneren dat ik eens na het spelen van twee
Hottentotten heb geluistert, die in een stille nacht een zeer aangenaam
nachtmuziek op hare wys te zamen maakten. Wanneer echter bequamer als
Hottentots vingere daar aan quamen en eens de handeling ter dege daar
van hadden, zoude de lieflykheid ver groter wezen, en dit speeltuig
zoude na verloop van tyd tot meerder volkomenheid konnen worden
gebragt.
Behalven de gom-gom hebben zy een ander muzikaal-instrument het welk
een aarde pot is, van zodanigen vorm, als zy zelven maken en elders
beschreven is, en nemen zy daar toe een groten of kleinen pot, zoo als
zy willen. Zy overtrekken denzelven met een schaapvel ’t welk bereid
is. Zy binden het zelve met hunne riemen of zenuwen zeer vast en styf
gespannen daar over; daar na spelen alleenlyk de wyven (en nooit de
mans) daar op met hunne vingers, en slaan daar op zoo als in Braband en
te Duringen in Saxon op den rommelpot gespeelt word, behalven dat
dezelve hen ook by hunne vrolykheden en danzen voor een trom of
keteltrom verstrekken moet, konnende op dezelve ook gene andere tonen
worden gemaakt, als op een keteltrom, zoo als men uit de volgende
muzieknoten zien kan.
Wanneer zy dezen rommelpot gebruiken en daar op spelen, bedienen zy
zich daar onder van vocaalmuziek en schreewen allen te gelyk: Ho, Ho,
Ho, Ho, op de volgende wyze op noten gestelt:
Dit geschreeuw duurt dikwyls een vierde deel uurs na malkanderen, of
zomtijds langer, na dat ’er liefhebbers zyn, die ’er onder danzen. Dit
geschreeuw is voor zich zelven zeer onaangenaam, ten zy de rommelpot in
behorige harmonie daar onder word geslagen en het geschreeuw in
diervoegen word geschikt, dat de tweede eerst begint, wanneer de eerste
reeds eens Ho heeft gezongen, en de derde, als de twede het eerste Ho
heeft geeindigt, en de vierde den derden in een behoorlyke order volgt,
wanneer het nog eenigzins na een overeenstemmende muziek gelykt.
Ondertusschen valt ze den toehoorder ten laatsten verdrietig, wegens
den langen teem en het hard geschreeuw, om dat zy gene andere wyze van
zingen kennen.
’N LEEU-AWONTUUR UIT STARRENBURG SE JOERNAAL.
INLEIDING.
Die plaaslike regering van die O.I.K. het van die begin af sy bes
gedoen om met die binnelande van die Kaapse gebied in aanraking te kom
en die moontlikhede daarvan op kommersiële, landbou- en mynboukundige
gebied te ondersoek. Met daardie doel voor oë het die goewerneurs van
die Kaap tal van sogenoemde landtogte uitgestuur—meestal in noordelike,
maar ook in oostelike rigting—, wat gelas was vertroubare gegewens te
versamel aangaande die aardrykskunde van die land, sy dierlewe, sy
plantegroei, sy inwoners, sy natuurlike hulpbronne. Ander togte, weer,
was meer spesiaal ingerig met die opdrag om slagvee (skape en beeste)
in te ruil van die inboorlinge vir die behoeftes van die amptenare en
die garnisoen van die kasteel en die bemanning van die verbygaande
skepe. So het ons die ekspediesies van Jan Wintervogel, Willem Muller,
Abraham Gabbema, Jan van Herwaerden, Jan Danckaert, Pieter Cruythoff,
Pieter Everaert, Pieter van Meerhoff in die tyd van Jan van Riebeeck;
van Jonas de la Guerre in die tyd van Zacharias Wagenaar; van Jeronimus
Cruse in die tyd van Jacob Borghorst. Ná ’n mislukte tog onder Oloff
Bergh het in 1685 goewerneur Simon van der Stel self hom aan die hoof
gestel van ’n verkenningsonderneming na Namakwaland en het daarin
geslaag tot aan die Buffelsrivier deur te dring en die ryk ertslae van
die koperberge sorgvuldig te laat ondersoek. Sy seun Willem Adriaen het
in 1705 opdrag gegee aan Johannes Starrenburg, die landdros van
Stellenbosch, om ’n nuwe landtog na die noorde te organiseer en daarvan
die leier te wees saam met Jan Hartog, baas-tuinier van die Kompanjie.
Die voorgegewe doel was om die land te verken en o.a. plantkundige
ondersoekinge te doen; die ware doel was om vee in te ruil vir die
goewerneur—nie slagbeeste nie trouens, wat tot dan toe op daardie soort
togte altyd die gewilde koopwaar gewees is, maar trek- en werkosse, wat
Willem Adriaen op sy plaas kon gebruik. Die rapport oor die reis deur
Starrenburg is handig opgestel, sodat ’n oningewyde leser moeilik
daaruit sal kan aflei dat Beëlzebub, soos Adam Tas die landdros genoem
het, nie die tog onderneem het in die belang van die Kompanjie nie. Tog
het die goewerneur die bewoordinge van die verslag nog te gevaarlik
gevind, want o.a. sou daaruit kan geblyk het hoe sy handlangers soms
nie geaarsel het nie om dwang op die inboorlinge uit te oefen en hulle
met die toorn van Willem Adriaen te bedreig in geval van onwilligheid
om hulle beeste af te staan. Toe hy dan ook die rapport opneem in sy
verdediging teen die aanklagte van die koloniste (die „Korte
Deductie”), het hy versigtigheidshalwe ’n aantal volsinne daaruit
weggelaat [230].
Die tog het dieselfde pad gevolg as Simon van der Stel, maar het nie
verder as die Olifantsrivier gekom nie en het dus alleen bekende
terrein „ontdek.” Aan ’n klein, toe droë riviertjie, wat hom ontlas in
die benedeloop van die Olifantsrivier, of die Ruigerivier, is een van
die toggangers, Jan Smit van Antwerpen, deur ’n leeu verras en verskeur
geword. Dit is hierdie tragiese voorval en die daaropvolgende jag op
die leeu wat in ondergaande uittreksel beskrywe word [231].
’N LEEU-AWONTUUR UIT STARRENBURG SE JOERNAAL.
Maandag den 2 November [1705]. Waaren wij vroeg met pakken inspannen en
opzadelen bezig, en togen ontrent 8 uuren verder voort, den cours al
langs de overkant van de Olifantsrivier vervolgende, tot ontrent den
middag dat wy die verlieten en ter regterhand insloegen, langs het
mizerabelste velt dat ’er bedagt kan worden. Het is al te maal rood
zand, bosschen en door de mollen t’ eenemaal ondermijnt; had het mij
mogelijk geweest, ik zoude mijn paard gaarne gedragen hebben, want die
arme beesten konden hun pooten niet verzetten, of zaten bijna tot den
boeg [232] in de molgaten en daar bij scheen de zon tot brandens toe en
nergens was water te krijgen, in somma, noit heb ik verdrietiger
agtermiddag gehad.
Eindelyk quamen wy, na 5 mylen vorderens een kraal te ontdekken in een
zeer aardig gat, tusschen hooge style klipruggen inleggende. In den
regentijd is het een riviertje dat zich in de Olifantsrivier ontlast,
maar nu niet meer dan een dor, diep dal, met 3 of 4 zeer kleine brakke
waterpoeltjes voorzien.
Wy waren regt boven de kraal eer zy het wisten en daalden langs een
zeer stijle klip rugwaarts tot hen te voet na beneden. Op het eerste
gezigt wierden ze heel verbaast; een deel ging aan de andere kant den
berg op, wyl een ander getal jonge gewapende manschap ons te gemoet
trok. Eene der zelve was zoo voorbarig, dat hy bereets een pyl op zyn
boog gelegt had, omme die op my, de voorste zijnde, cours te doen
nemen, maar door het aanleggen van myn roer en het toeroepen van den
Hottentot, die ons den weg had gewezen en verzelde, stak hy die weder
op; en quamen toen met groote nieuwsgierigheid rondom ons, vraagende
zonder ophouden aan onze Hottentots wie wy waren en tot wat einde wy
zoo ver in ’t land quamen, waar op geantwoord zynde, warenze wel in hun
schik. Onze wagens, die een tour om moesten nemen, quamen eindelijk
mede om laag, en wij sloegen onze tent ontrent een kleine schoot weegs
van de kraal ter neder en gingen, na alles wel bezorgt te hebben,
rusten; maar wy wierden wel haast weder gestoort, want omtrent
middernacht begonden de beesten en paarden die voor de tent, tusschen
de wagens stonden, te schrikken en te loopen, en een der wagenrijders
die buiten sliep, te schreeuwen, waar op alle man met geweer ter tent
uitliep. Ontrent 30 treden voor de tent stont een leeuw, die, op het
zien van ons, zeer zagtzinnig ontrent 30 treden verder agter een doorne
boschje ging, dragende iets met zich dat ik meende een jong osje te
zijn. Wij deden over de 60 schoten op dat boschje en doornagelden het
dapper, zonder dat men eenig verder gewag vernam. De Z.O. wind waaide
sterk, de lugt was zeer klaar en de maan scheen op ’t helderste, zoo
dat wy alles op die distantie zien konden.
Na dat de beesten weder tot stilstant gebragt waren, en ik alles eens
overzag, miste ik den schildwagt van voor de tent, zijnde Jan Smit van
Antwerpen, in de groene kloof bescheiden. Men riep hem zoo luid als men
konde, maar te vergeefs, wyl niemant antwoordde, waar uit ik besloot
dat de leeuw hem had weggenomen; 3 of 4 mannen gingen op het
voorzigtigste na dat bosje, dat regt tegen over de deur van de tent
stont, om te zien ofze niets van dien man vernemen konden, maar quamen
hals over kop weder te rug, wyl de leeuw daar nog lag, zich ophefte en
begon te brullen. Zij vonden daar des schildwagts geweer, welkers haan
gespannen was, en deszelfs muts en schoenen.
Wy deden weder wel hondert schoten op dat bosch, dat 60 treden van de
tent en maar 30 treden buiten de wagens stont en waar op men als na een
doel konde schieten zonder den leeuw te vernemen; waar uit wy
presumeerden dat hy dood of weg moest zijn. Dit deed den wildschut, Jan
Hamanszoon [233], resolveren te gaan zien, of hij ’er nog in was of
niet, nemende een brandent hout inde eene hand. Maar zoo ras naderde hy
het bosje niet of de leeuw deed, onder een vreezelyk gebrul, een sprong
na hem, dies hy het brandend hout na hem toe gooide; midlerwijl schoot
het ander volk wel 10 schoten na hem, maar hy retireerde aanstonts
weder op zyn oude plaats, agter dat boschje. Dit brandhout, dat hy na
den leeuw gegooit hadde, was in ’t midden van ’t boschje gevallen, en
door de sterke Z.O. wind aangeblazen, geraakte het in de lichte vlam,
zoo dat men zeer klaar daar in- en dit doorzien konde. Men schoot ’er
nog al geduurig in; ondertusschen verliep de nacht en de dag begon aan
te breken, dat yder een moed gaf om hem alsdan regt te konnen treffen,
wyl hy ’er niet van daan konde of moest zich geheel bloot geven, alzoo
het boschje regt tegen een style kloof aanstont. Zeven mannen op de
buitenste wagen zittende, pasten op om hem, uitkomende, waar te nemen.
Eindelyk ging hy, eer het nog ter degen licht was, met de man in zijn
bek, den berg op kuyeren, krijgende wel 40 schoten na zijn huit, zonder
dat hem eene trof, schoon hem veele zeer na quamen, gelyk wy naderhand
bevonden hebben. Als hem een kogel wat digt by quam, keerde hy hem al
grynzende na de tent en knorrende na ons toe en ik ben van gedagten,
had hem yemant getroffen, dat hij met een volle vaart op tent en volk
aangekomen zoude hebben.
Wy besloten dan dat hy gequetst en niet verre van daar was; hier op
verzogt mij het volk ’t lichaam te mogen gaan opzoeken, om hem te
begraven wyl sy geloofden dat de leeuw door het gestaadig schieten,
niet veel tijd zoude gehad hebben, om daarvan te eeten. Ik stont
eenigen van hen zulks toe, mits een goede party gewaapende Hottentots
mede nemende, en onder belofte datze zich niet in gevaar zouden
begeven, maar gestaadig wel toezien en voorzichtig zijn.
Daar op volgden zy met hun zevenen, geadsisteert van 43 Hottentots, het
spoor, en vonden hem ontrent een halve myl van daar, by het lichaam,
agter een klein boschje, leggen. Hy sprong door het geschreeuw van de
Hottentots daadelyk op en nam de vlugt, waar op zy hem alle naliepen;
ten laatsten keerde het beest zich om en quam vreezelyk brullende onder
den hoop; het volk, ’t welk door ’t loopen vermoeit was, schoot mis, op
welke hy dadelyk aanquam.
Den Baas, of opperste Capitein van de kraal, deed hier een trouwe daad
aan 2 van ’t volk, daar de leeuw het op toezette. Des eenen roer
weigerde en de ander schoot mis; daar op sprong hy tusschen den leeuw
en ’t volk zoo na by, dat de leeuw hem met de eene klauw in de karos
sloeg en met den bek daar in beet, meenende den Hottentot te hebben,
maar die was hem te gaauw, liet zyn karos glippen en duuwde hem een
assegaai in de ribben. Aanstonts sprongen de andere Hottentots ook toe
en verçierden hem met hunne werpspiessen dat het wel een yzerverken
geleek; evenwel hield hy nog niet op met springen en brullen, maar beet
eenige der assegaaistokken af, tot dat hem de wildschut, Jan
Harmanszoon, een schoot in ’t oog gaf, die hem deed kenteren, waar op
de anderen hem verder doodschoten.
Het was een vreezelijk groot beest, en hij had kort te vooren nog een
Hottentot uit deze kraal gehaalt en opgepeuzelt. Ik ben hier dus
langwijlig geweest, om dat my niet voorstaat oit diergelijke assurantie
van een beest gehoort te hebben en de kloekmoedigheid van dien
Hottentot is mede aanmerkelyk.
Des mans lichaam was door hem van agteren met de linkerpoot aan de
linkerzijde van het hoofd geslagen, met den bek in de schouder gevat,
en dus voort gedragen; beide de billen en linker schouder waren
opgegeten. Wy bragtenze alle beide aan de tent, en begroeven den man
daar hy gegrepen was, gelijck wij den leeuw mede onder de aarde staken
op dat hem het vee niet ruiken zoude.
Het was dien ganschen dag brandent weer en de Hottentots waarschouwden
ons dat ’er nog 2 wijfjes hier ontrent waren, waarom ik des
agtermiddags een kraal van doorn liet maaken en op drie plaatzen of
passagies volk met geweer stellen, maar vernamen dien nacht geen
onraad.
Woensdag den 4 dito.
Maakten wy voortgang met de ruiling, daar wy de voorige 2 dagen over
getalmt hadden.... De zonneschijn was hier by na onverdragelyk, en in
de tent was het als in een oven.
Des avonts brulde het langs dit riviertje of alle de leeuwen van Africa
by malkanderen waren. Ik presumeer dat het de 2 wyfies waren omme het
gedoode mannetje te zoeken, dies verwagten wy niet anders dan hun
bezoek dien nagt, hier tegens hadden wy ons door ’t verhoogen onzer
Doorne-Kraal, en ’t stellen van roers, op de passagien, langs welken zy
hunne coers moesten nemen, mitsgaders het stoken van vuuren rondom ons
en ’t houden van dubbele wagt, wel voorzien; maar zy quamen niet.
En wyl hier ontrent geen meer kralen leggen, en voor ons niet te doen
viel, rezolveerde ik weder te rug te keeren om de Gonnemasche Kraalen
op te zoeken.
NOTAS
[1] Op die terugvaart uit Indië het die Portugese die kus van Natal tot
aan die Kaap, en veral die laaste stuk daarvan, as die
allergevaarlikste deel van die hele reis beskou; en eers as hulle die
Atlantiese Oseaan bereik het, het hulle hul veilig geag. Vgl. die
Itinerario van Jan Huygen van Linschoten aangehaal op bls. 54.
[2] Die teenswoordige Tafelbaai het sy eerste naam Aguada de Saldanha
(die waterhaalplek van Saldanha) in 1503 gekry, toe ’n groot Portugese
vloot onder Antonio de Saldanha daar water ingeneem het. Die
Nederlandse skeepsvoog, Joris van Spilbergen, het dit in 1601 herdoop
met die naam wat dit vandag nog dra.
[3] Arsilla en Asamor is twee hawestadjies op die weskus van Morokko.
Die Portugese het in dié streke gesag uitgeoefen. Hulle verowering van
Morokkaanse gebied, wat in 1415 by Ceuta begin het, het aanleiding
gegee tot die ontdekkingstogte; en die verval van hulle mag het ook
hier begin, toe in 1579 koning Sebastiaan deur die More by Alkasar
verslaan is en self in die slag gebly het.
[4] Koning Manuel het Francisco d’Almeida van sy bevel in die Ooste
onthef en dit aan Alfonso d’ Albuquerque oorgedra. D’ Almeida het egter
nog eers die groot oorwinning voor Diu op die gekombineerde
Mohamedaanse vloot in 1509 behaal voor hy die terugreis na Portugal
onderneem het. Tot kort voor sy vertrek het hy vir d’ Albuquerque as ’n
prisonier behandel en in die faktory by Kananor opgesluit gehou.
[5] Lourenço d’Almeida, die seun van die onderkoning, het in 1508 in ’n
seeslag teen die Mohamedaanse vloot naby die teenswoordige Bombaai
gesneuwel.
[6] Die skipbreuk wat miskien die meeste lig op die etnografiese
toestande gewerp het, was dié van die Sint Albertus in 1593. Die leser
word verwys na die besonder interessante en belangrike berig
daaromtrent in die Records of S.E. Africa, II, blss. 288 vv.; en sy
aandag word oor die algemeen by hierdie groot uitgawe van Theal bepaal.
Die romantiese sy van ons eerste historiese periode tree daarin sterk
op die voorgrond.
[7] Uittreksels uit ’n anonieme Portugese pamflet in die Britse Museum
deur Theal afgedruk en vertaal in Records of South Eastern Africa, I,
blss. 108 vv.
[8] Sien Inleiding.
[9] Manuel de Sousa was die kaptein van die Sint Johannes.
[10] Sien Inleiding.
[11] Die krusado, ’n Portugese muntstuk, het destyds die waarde van
ongeveer 5s. 4d. verteenwoordig. Sien Theal, Hist. and Ethnog. of S.A.,
I, blss. 253, 390. In die middel van die agtiende eeu het die krusado
’n waarde van 2s. 3d. Sien Records of S.E. Africa, II, bls. 453.
[12] Ek vertaal die Portugese woord legua (Eng. league) met uur. Die
afstand wat daarmee aangedui word, is iets meer as drie myl.
[13] Die rede wat hiervoor aangegee word, sal wel nie korrek wees nie.
Die mededeling is egter interessant. Uit die Portugese berigte is
duidelik dat die Kaffers van die sestiende eeu in gebruike, ens.,
weinig van dié van die neentiende eeu verskil het. Piet Retief en sy
mense het ook onder ’n boom afgesaal en gewag totdat Dingaan gereed was
om hulle te ontvang.
[14] Vgl. Theal, 1, bls. 227.
[15] Sien bls. 44.
[16] Vgl. bls. 59.
[17] Sien Records of S.E. Africa, VI, blss. 1 vv., veral 264 vv. De
Barros is die mees gesaghebbende Portugese geskiedskrywer. Gebore in
1496 het hy jonk in die Indiese diens getree en belangrike betrekkinge
daarin beklee. Hy het insage gehad in die joernale, briewe en rapporte
van die Portugese ontdekkers en hulle opvolgers. Sy Asia het in vier
dele tussen 1552 en 1613 verskyn.
[18] Vgl. bls. 59, aant. 15.
[19] Die Kongorivier.
[20] Vgl. bls. 59, aant. 15.
[21] Ek vertaal ook hier legua met „uur”, d.w.s. „uur te voet”. Vgl.
bls. 26.
[22] Hall (Prehistoric Rhodesia, bls. 116) sê: „The ‚plains’ would be
the great stretch of open country lying between Victoria and
Enkeldoorn, which constitutes a very noticeable topographical feature
in Mashonaland.”
[23] Sien vir al die genoemde plekke die kaart in Hall, Prehistoric
Rhodesia, bls. 29.
[24] Toro of toróa = Bantoe oud. Hall (bls. 151) bring dit in verband
met die ou geboue daar.
[25] Butua of Abutua = Bantoe Klein mensies. Die Kaffers het hiermee
die Boesmans aangedui, en Hall (bls. 84) lei hiervan af dat die
bedoelde gebied nie lank tevore me die grens van die Bantoe-opmars teen
die Boesmans was. Ons kry so miskien ’n bietjie lig omtrent die
uitbreiding van die Kaffers in die binneland. Vgl. Inleiding „Die
Skipbreuk van die Sint Johannes,” bls 17.
[26] Hierdie beskrywing van Simbabwe en sy omgeving is natuurlik nie
juis nie. Die leser word verwys na Hall, Prehistoric Rhodesia en Great
Zimbabwe; Hall en Neal, The Ancient Ruins of Rhodesia; Bent, The Ruined
Cities of Mashonaland, ens. Voorbeelde van skrif is nie by die ruïenes
ontdek nie, en Hall veronderstel dat die opskrif waarvan hier sprake
is, slegs die nog bestaande randversiering bo aan die groot muur was.
[27] ’n Taamlik juiste aanduiding.
[28] Sien Records of S.E. Africa, VII, blss. 1 vv., en veral blss. 275
vv. Dos Santos het teen die end van die sestiende eeu as sendeling in
Sofala en die omstreke gelewe. Sy mededelinge berus dus grotendeels op
eie waarneming en bevat veel oor die geaardheid en lewenswyse van die
Kaffers. Sy Ethiopia Oriental het in 1609 verskyn.
[29] Mount Darwin (?), omtrent sewentig myl noordoos van Salisbury.
[30] Die geheim van die eerste goudgrawers en fortbouers van ons
noordelike binneland is nog nie ontsluier nie. Soos hieruit blyk, was
die Portugese oorspronklik verantwoordelik vir die teorie dat daar
tussen hulle en die Bybelse goudland ’n verband bestaan. Hall is van
oordeel dat die geboue deur Semiete, uit Asië en waarskynlik uit
Suid-Arabië afkomstig, opgerig is. Dit is ongetwyfeld waar dat hulle
nie van Bantoe-oorsprong is nie en dat die Kaffers geen oorleweringe
omtrent hulle oprigting het nie.
[31] Port. babock = lomperd, domoor.
[32] Gepubliseer in die uitgawes van die Linschoten-Vereniging, Deel
II, blss. 146 vv.
[33] 28⅔ graden, d.w.s. suiderbreedte.
[34] 400. mylen, d.w.s. Duitse myle. Nie te verwar met die Engelse myl
nie. Die lengte blyk uit die Itinerario self. Die skip waarmee Van
Linschoten geseil het, het die „nuwe koers” gekies. (Vgl. Itinerario,
2, bls. 141.) Van Cochin, wat op 10 graad noorderbreedte lê, het die
reis eers gegaan „zuyd zuydoost” tot aan die ekwator, „dat zijn 150.
mylen, ende van daer tot 7. graden die selfde cours, ende alsdan
zuydtwest ten westen, ons cours nae die Cabo de bona Esperança toe.”
Daar was dus ongeveer 15 „myle” op ’n graad, d.w.s. die „myl” waarvan
hier sprake is, was ’n afstand van tussen 4½ en 5 Engelse myle. Die
reis het ver oos van Madagaskar gegaan, en die hoogte van Natal is
bereik toe die skip nog suidoos van die eiland was.
[35] Natuurlik nie die juiste verklaring nie.
[36] Die vloot van Cabral in 1500. Hy het egter in die Atlantiese
Oseaan die storm teëgekom. Bartholomeus Dias was die kaptein van een
van die vier skepe wat na die kelder gegaan het. Vgl. Theal, Hist. and
Ethnog. of S.A., 1, bls. 92; Danvers, The Portuguese in India, 1, blss.
65 vv.
[37] Port. Payraer = afwag, stil lê, of ongeveer op dieselfde plek bly
deur teen die wind te laveer. Volgens ’n mededeling van mnr. J. du P.
Scholtz is hierdie woord, in diezelfde betekenis en in die vorm parra,
nog in gebruik by die vissers om die Kaap.
[38] Fock-mast = voormas.
[39] Ra = lang houtpaal kruisgewys aan ’n mas of ’n dwarsbalk vasgemaak
en wat dien om die seile op te hou. Die groot ra is die ra aan die
groot mas of middel-mas.
[40] Herstel, weer in orde bring. Vgl. Port. concertar.
[41] Grootliks.
[42] Slaan. Vgl. Port. ferir.
[43] Iets.
[44] Voëls wat dié naam gekry het omdat hulle op die antennaes (Port.),
ra’s of dwarshoute aan die maste, gaan sit.
[45] Die wind teen ons.
[46] Strookseil, wat aan die seile kan vasgerye word om hulle te
verleng of te verbreed. So ’n stukkie doek aan die hoë voorkasteel
vasgemaak, was al wat die skip in die storm kon dra.
[47] Dek.
[48] Hierdie uitdrukking is moeilik te verklaar en kom nie in aan ons
bekende woordeboeke voor nie. Waarskynlik moet ons dit in verband bring
met een van die betekenisse wat Du Cange (Glossarium mediae et infimae
latinitatis) gee aan die woord elymosina of aalmoes, nl. geld wat
betaal word om ’n mis te laat hou, ’n offerande. Die skrywer sou hier
dan bedoel geld „trek” of versamel, met die belofte om later daarmee ’n
spesiale mis te bekostig ter ere van een of ander Heilige.
[49] Skeurbuik.
[50] Ten was altoos .... gheen. Ten = ’t En, waar en met gheen die
dubbele ontkenning vorm.
[51] Ons bekende groot meeue met swartgepunte vlerke.
[52] Na die ooste toe.
[53] Baya de Lagoa. Die breedtegraad toon aan dat hier bedoel word die
teenswoordige Algoabaai en nie, soos Kern meen, Delagoabaai nie.
Algoabaai het oorspronklik Bahia da Lagoa geheet. Op kaarte van die
16de en 17de eeu word dit so aangegee. Vgl. die kaart van Perestrello
(1576) (Theal, 1, bls. 318) en die Platen-Atlas van Godée-Molsbergen en
Visscher, bls. 20. Waar Kern kortweg beweer dat Port. lagoa met lagune
(Eng. lagoon) en nie met meer (Eng. lake) moet vertaal word, hou hy
miskien nie genoeg rekening met die opvatting dat ’n uitdrukking soos
Rio da Lagoa en die daaruit ontstane benaming Bahia da Lagoa (vandag
Delagoabaai) moontlik in verband staan met die geloof van die Portugese
dat die genoemde rivier sy oorsprong in ’n groot binnelandse meer gehad
het. Vgl. Theal, 1, bls. 34. In Michaelis se New Dictionary of the
Port. and Eng. Languages word lagoa ook met lake vertaal. Vgl. ook Rio
da Lagoa op bls. 39.
[54] Sien bls. 57, aant. 1 en 2.
[55] Tauseren. Dit moet wees: t’aviseren = waarsku.
[56] Die skip word dus met die seil gestuur.
[57] By beurte.
[58] Versacht = versach ’t.
[59] Keuvel = kap.
[60] Bootsghesel = matroos; Putger, van puts-emmer, dus = skoonmaker.
[61] Cayro = vesels om die kokosnoot.
[62] Kennip (verstaan hennep) = Eng. „hemp.”
[63] Af = van.
[64] Sien inleiding.
[65] In die margo van die Itinerario word in kanttekeninge ’n
voortlopende résumé van die werk gegee. Soms word ook ander opmerkinge
ingelas, en by hierdie sin vind ons die stigtelike waarskuwing: „Leest
met na dencken.” Die goeie Kalvinis praat hier.
[66] Planke.
[67] ’n Beskrywing van die vergaan van hierdie skip deur Diogo do
Conto, een van die skipbreukelinge, is afgedruk deur Theal in Records,
II, blss. 153 vv. Die slegte toestand van die Portugese skeepvaart word
ook hier aan die lig gebring. Die storme wat Van Linschoten in die
Santa Cruz deurstaan het, word ook deur Do Couto beskrywe. Hy skilder
die toestand van die bemanning van die Sint Thomas o.a. as volg: „Kort
gesê, alles was teen hulle ..... Die hele nag het hulle in groot
moeilikheid en smart deurgebring; want waar hulle ook kyk, was die
dood. Onder hulle was ’n skip vol water, en oor hulle ’n donker en
onheilspellende hemel. Die wind huil om hulle, asof dit dood! dood!
skree; en asof die water wat van onder af instroom, nog nie genoeg was
nie, dreig die reent wat op hulle neerstort, om hulle onder ’n twede
sondvloed te begrawe. In die skip kon alleen gehoor word sugte en
jammerklagte en smeekgebede aan God om barmhartigheid; want na dit
skyn, het die sonde van sommige Sy gramskap oor almal gebring.”
[68] Die graadgetal moes kleiner geword het, omdat hulle in ’n
noordelike rigting, d.w.s. na die ekwator toe, geseil het.
[69] Vgl. Port. acommeter = om aan te pak.
[70] Bedevaarte.
[71] Sien inleiding.
[72] Blykbaar word albatrosse bedoel.
[73] Vgl. bls. 65.
[74] Bona viagem (Port.) = goeie reis, deur die Portugese matrose
gebruik as ’n uitroep = hoerê!
[75] See-bamboese.
[76] Die vloot het bestaan uit drie skepe, Mauritius, Hollandia en
Amsterdam, en ’n jag Duyfke—altesaam skaars 250 koppe. Die gesag oor
die vloot het by die skeepsraad, waarvan De Houtman voorsitter was,
bestaande uit offisiere en bevelhebbers, berus. Cornelis de Houtman was
senior kommies op die Mauritius, en Jan Jansz Moelenaer was die skipper
daarvan. Een kommies van die Hollandia, nl. Gerrit van Beuningen, het
gedurig met Houtman in vyandskap verkeer. Hy is in Indië deur die
skeepsraad veroordeel en as ’n gevangene teruggebring na Nederland. Die
bekwame en getroue skipper van die Hollandia, Jan Dignumsz, is op die
kus van Madagaskar oorlede, en die bevordering van Pieter Dircksz
Keyser, opperste piloot, tot skipper in sy plek het veel stryd
veroorsaak. Nieteenstaande al die verdeeldheid en wanordelikheid was
die reis ’n gebeurtenis van die allergrootste betekenis. De Jonge sê
daarvan: „De scheepstogt, waarvan de gevolgen in later dagen zoo groot
werden, was zonder beleid, zonder eendragt en eigenlijk zonder begrip
van de grootsche taak welke volvoerd moest worden, ten einde gebragt;
maar de reis was volbragt, hoe dan ook, en dat was het groote, het
sprekende feit; want nu was de baan gebroken en aan Spanje’s Koning,
aan geheel Europa was bewezen, dat het kleine volk van Noord-Nederland
zijne vlag kon en durfde vertoonen tot aan het uiteinde der aarde en
dat het, voor zijnen kolonialen handel, Lissabon kon ontberen.” Sien De
Jonge, Ndl. Gezag In O. Indië, 2, blss. 187 vv.
[77] Afgedruk in De Jonge, 2, blss. 287 vv. Sien De Jonge, blss. 285
vv. oor ander berigte van hierdie reis en veral D’ Eerste Boeck van
Willem Lodewycksz uitgegee vir die Linschoten-Vereniging deur Rouffaer
en Yzerman. Lodewycksz was onderkommies op die Amsterdam. In die Kaapse
argief is ook uittreksels en afskrifte deur Theal van joernale van die
reis, ook ’n uittreksel uit die joernaal van Van der Does. Die teks van
De Jonge is vollediger en beter.
[78] Vgl. bls. 54, aant. 3.
[79] Lang en smal seilskip, wat baie vinnig kon vaar.
[80] Wind uit die see uit. Theal (Kaapse arg.) het hier zeeuwlijcken.
[81] Swak, stil. Kom ook in Itinerario voor.
[82] Die latere Mosselbaai, deur Vasco da Gama in 1497 die baai van San
Braz, of die Heilige Blasius, genoem.
[83] D.w.s. Beuningen.
[84] Branders.
[85] Jan Dignumsz.
[86] Lodewycksz sê egter: „eenige draghen berderkens onder de voeten,
in plaets van schoenen.” Berderkens = plankies.
[87] Lodewycksz was nie so onnodig skrikkerig nie en het beter opgelet.
Hy sê o.m.: „Wy hebben geene van haer wooningen connen vinden, veel min
eenigh vrouwen persoon, ende meest haer sien vier (vuur) stoken onder
eenighe hegghen, welck zy seer haest ende practijckich, midts twee
houtgiens d’ een teghen d’ ander vryvende, connen becomen, aldaer haren
nacht over brenghende, ende dit vier saghen wy alle nachten op vele
plaetsen. Als wy eenighe Ossen ghedoot hadden, baden zy ons om d’
inghewant, dwelck zy aten al rauw, de meeste vuylicheit daer uyt
schuddende, oft een stuck vande huijt over tvier met vier stocxkens
ghespannen, ende een luttel vande pensen warm gemaeckt, in voeghen als
men speck ende warmoes doet.”
[88] Ook hier lyk dit of Lodewycksz noukeuriger waargeneem het. Die
listigheid van die Hottentotte, wat so behendig hulle verblyf kon
wegsteek, het hom nie ontgaan nie.—„Den 6 Augusti voeren wy met dry
Sloepen aen landt, alwaer ick ghesonden worde om tlandt te ontdecken,
dwelck seker een schone landauwe is, met welrieckende bosschagien ende
bloemen verciert. Een half myl int lant ghegaen zijnde, hebben ons van
eenen bergh laten sien aende ghene die inde Sloepen gebleven waren. Wy
vonden diversche stappen van Menschen, Vee ende Honden, oock Patrysen,
ende wyder de Spiegeltiens ende Bellekens ghebroken, diemen haer daeghs
te voren ghegheven hadde, ende tstuck Lijnwaet op de Heyde ligghen. Ter
wylen waren eenighe Inwoonderen by de schuyte gheweest, daer wy na toe
ginghen: maer waren neffens ons weder ghekeert sonder haer ghewaer te
worden; so behandich connen zy haer door de bosschagie voegen; doch
quamen haest weder. Wy gaven haer te verstaan, soo ons best moghelijck
was, dat zy ons Vee souden brenghen, wy souden haer Yser (dwelck zy
Cori noemen) geven, dwelck zy ook seyden te doen. Desen naemiddagh
sonden wy noch 20 man te lande in, met de Inwoonderen om te besien oft
zy eenighe huysinghe souden connen vinden, meer was te vergheefs: want
de Inwoonderen gingen met de onse, houdende gheenen wech, ende ginghen
ons volck, so ginghen zy mede, ende stille staende, saten zy neder
achter op haer hielen huckende. Derhalve als oock dat de nacht over
quam, zyn de onse, ende wy met haer weder tscheeps ghevaren.”
[89] In extenso, volgens die oorspronklike teks, maar nie volledig nie
(April 1652 tot end 1658) in die Zuid-Afrikaansch Tijdschrift,
jaargange 1824 tot 1840; in extenso, volgens die oorspronklike teks en
volledig van Desember 1651 tot Mei 1662, deur wyle prof. W. G. Brill in
Werken van het Historisch Genootschap van Utrecht, Nieuwe Serie, Nos.
39 (1884), 58 (1892), 59 (1893); ook ’n deels saamgevatte, deels
vertaalde uitgawe in die Engelse taal deur wyle ds. H. C. V.
Leibbrandt, onder die tietel van Van Riebeeck’s Journal, in die Precis
of the Archives-serie, 3 dele, Kaapstad, 1897.
[90] ’n Verkorte uitgawe in Engels van party daarvan vind ons in die
reeds genoemde Precis of the Archives van ds. Leibbrandt, waar benewens
Van Riebeeck se dagverhaal ook die joernaal van 1662–70 (1901), dié van
1671, 1674 en 1676 (1902) en dié van 1699–1732 in voorkom.
[91] Van Riebeeck was toe al byna drie weke aan die Kaap, maar het tot
dan toe met sy famielie aan boord van die Drommedaris gebly. Die
timmerhout was by vergissing onder in die skip gelaai, sodat dit ’n
hele tyd geduur het voor ’n voorlopige houtloods kon opgetrek word vir
die kommandeur en huisgesin om in te woon. (Sien dr. E. C.
Godée-Molsbergen, Jan van Riebeeck, Amsterdam, 1912, bls. 82.)
[92] Johan Nieuhof in sy Zee- en lantreize door Oost-Indien (Amsterdam,
1682) verhaal ook hierdie anekdote en voeg daarby: „De Horen wort noch
aen de Kaep in het fort bewaert en daer uit bijwijle de gesontheit
gedronken.” (bls. 7).
[93] Luipaard, of tier.
[94] Rijckloff van Goens, die ouere, Ekstra-ordinaris Raad en later
(1678) goewerneur-generaal van Indië.
[95] Die sieketrooster Willem Barentz. Wijlant.
[96] Die gewig van die ou-Hollandse pond was 494 gram as teenoor 453.6
gram vir ’n moderne Engelse pond.
[97] Iets groter as die Engelse voet; die Rynlandse of Suid-Hollandse
voet = 0.314 meter, die Engelse voet = 0.305 meter.
[98] Reaal = ’n Spaanse silwermunt wat ook koers gehad het in die
gebied van die O.I.K.; die waarde van hierdie reaal is gereken op 8
skellings of 48 stuiwers.
[99] Die Hoornwerk was ’n buitewerk by die ingang van die fort, wat uit
twee halwe bastions of bolwerke bestaan het. Sien planne van Van
Riebeeck se fort, blss. 90 en 122 van Godée-Molsbergen, Jan van
Riebeeck.
[100] Hierdie slawe (166 in getal) was ’n maand tevore aan die Kaap aan
land gesit deur die Kompanjieskip Amersfoort. Die bemanning het hulle
buit gemaak op ’n Portugese slaweskip wat hulle op die kus van Angola
ingeruil het. Dit was die eerste aansienlike klomp slawe wat aan die
Kaan ingevoer is.
[101] Swaer van Van Riebeeck en opvolger van Wijlant, wat in 1656 na
Batawië oorgeplaas is.
[102] Die Gorachouquas, of Tabakdiewe, soos die Hollanders hulle genoem
het, (onder kaptein Choro) was saam met die Goringhaiquas, of
Saldanhars, of Kaapmans (onder kaptein Gogosoa, „de vette kaptein”) die
vernaamste Hottentot-stamme wat hulle in die onmiddellike omgewing van
die Fort en in die Kaapse Skiereiland opgehou het. Daar was ook nog die
Goringhaikonas, of Strandlopers, of Watermans, (onder „kaptein”
Autohoemao, of Herry), maar hulle was maar ’n armoedige, onaansienlike
klompie van omtrent vyftig siele.—Die besoek van Choro, hoof van die
Gorachouquas, en van Soesoa, hoof van die Chainouquas, wat toe nog ten
noorde van die Bergrivier rondgeswerf het, vind plaas ná die
beëindiging van die eerste Hottentot-oorlog (1659–60) en die
vredesluiting in April 1660.
[103] Lokje, of mokje = ’n bekertjie. Dapper (Naukeurige Beschryvinge
der Afrikaensche Gewesten, Amsterdam, 1660, bls. 630) spreek in verband
met hierdie episode van „een gansche Baly vol brandewijn met een houte
kopje daar in.”
[104] Dapper (op. cit., t.a.p.) gee die volgende aanvullende
besonderhede, wat aan skilderagtigheid vir dié van Van Riebeeck seker
nie moet onderdoen nie: „Wanneer den mannen het hooft begon te draien
en de benen te waggelen, dikwils met vallen ter neder op d’ aerde,
wierden ’er omtrent twee of drie-hondert stukjes tabaks, elk van een
duim breet, bij handen vol te grabbel gesmeten, waer op onder hen zulk
een groot getier en geschreeu ontstont, datze het gehoor bijna
verdoofden en het geluit den ooren naulix verdraghelijk was; desgelijx
bedreven zij geen minder gewelt wanneer daer na het zelffte met broot
gedaen wiert. Na het eindigen van al deze grabbelingen, ging het bij
hen, wanneer zij gansch vol gedronken, en de hersenen met den wijn
bestoven waeren, geduurigh op een danzen en springen, met zonderlinge
grepen en op een vreemde wijze, bijna even eens gelijk de bakkers hier
te lande hun deegh met de voeten in den troch bewerken, te weten al
stampend nu met d’ een en dan met d’ andere voet, met uitstekende
billen en het hooft al hangende geduurigh na d’ aerde, op een zelve
zijde. Geen minder vrolyckheit bedreven de vrouwen geduurende het
dansen der mannen, met klappen in de handen en geduurigh een zang van
ha, ho, ho, ho, wel twee uuren aen den anderen te zingen.”
[105] Soesoa was toe al baie oud, en sy seun Goeboe het feitlik in sy
plaas regeer.
[106] Die Chobona, of Choboqua, of Cabuners, ’n „swaerte natie”
(Kaffers), wat veronderstel is die inwoners te wees van die fabelagtige
ryk van Monomotapa „van waar de Portugeesen in Mosambicque al haer gout
crijgen” (Van Riebeeck se Dagverhaal, Deel 3, Uitg. Historisch
Genootschap van Utrecht, No. 59, bls. 447). Ses weke later sal Van
Riebeeck ’n landtog uitstuur onder adelbors Jan Danckaert (12 November
1660–20 Januarie 1661) met die spesiale opdrag om die pad na die
goudland te verken en handelsbetrekkinge met die „Monomotapers” aan te
knoop en also o.a. die Portugese die voet dwars te sit: „Ende is oocq
’t gevoelen vastelijcq, dat de natie vermits der Portugeese heerse
regeringe, tot onsen vredigen ommegangh wel genegen gevonden sullen
worden” (Van Riebeeck se Dagverhaal, t.a.p.). Die tog het op ’n totale
mislukking uitgeloop; veel verder as die Olinfantsrivier het die
reisigers nie gekom nie.
[107] Die Cochoquas, of die Rechte Saldanhars, soos die Dagverhaal
hulle dikwels noem, het toe hulle krale gehad in die buurt van
Saldanhabaai. Hulle was verdeel in twee groepe—die een onder die byna
honderdjarige Oedasoa, aan die benedeloop van die Bergrivier, en die
ander onder Gonnema aan die Klein-Bergrivier. Oedasoa was kaptein oor
die talrykste trop en is beskou as die „opperheer” oor al die
Cochoquas.
[108] Hoepen = gladde ringe.
[109] ’n Mingel, of mengel, ’n ou-Hollandse inhoudsmaet = 1.21 lieter.
[110] Vergaderplek.
[111] Die volledige tietel is: Lust-Hof der Huwelyken, behelsende
verscheyde seldsame Ceremonien en plechtigheden, die voor desen bij
verscheyde Natien en Volckeren soo in Asia, Europa, Africa als America
in gebruik zijn geweest, als wel die voor meerendeel noch hedendaags
gebruykt ende onderhouden, naeuwkeurigh, soo uyt oude als nieuwe
schrijvers bij een vergadert door P. de Neyn Rechtsgeleerde, voor desen
gewesene Fiscael in dienst der E. E. Oost-Indische Compagnie aen Cabo
de Boa Esperance, mitsgaders desselfs Vrolycke Uyren, uyt verscheyde
soorten van mengel-dichten bestaande. Amsterdam, 1697.
[112] Kopie-Dagregister, 1674–76 (Kaapse argief, No. 270), bls. 56.
[113] Die skrywer bedoel seker Tielman Hendriks, wat in die
monsterrolle (Kaapse argief, No. 945) voorkom as meesterkneg en sedert
1661 as „vrijlandbouwer.”
[114] Hans Ras, vroeër soldaat in diens van die Kompanjie en sedert
1658 vryburger aan die Kaap.
[115] Dit was Wouter Cornelisz. Mostaert, uitgekom as
Kompanjie-soldaat, en een van die allereerste vryburgers aan die Kaap
(1657); as een van die invloedrykste lede van die jong samelewing het
hy die ampte van burgerraad, burgerluitenant en ouderling aan die Kaap
beklee.
[116] Hierdie jagtog is onderneem deur die burgers „om eenige groff
wildt ten behoeve haerer familien te schieten,” en hulle was „met ons
(die regering syne) consent int lant vertrocken.” Leibbrandt (Precis of
the Archives, Journal, 1671–74 and 1676, bls. 140) vertaal dus verkeerd
waar hy spreek van „eight of our burghers, who, without permission, had
gone up to shoot some large game for the needs of their families.”
[117] Die skrywer bedoel seker die Goringhaiquas, wat soms ook die naam
van Gonjemans gekry het. Die eintlike Gonjemans was ’n tak van die
Cochoquas en is deur die Hollanders so genoem na hulle hoof Gonnema, of
die Swart Kaptein. Gonnema se krale was toe in die buurt van
Riebeekskasteel en Vier-en-twintig-Riviere.
[118] Hierdie verhaal word bevestig deur die Dagregister, Ao. 1672–73,
(Kaapse argief, No. 269), onder datum 29 Junie 1673, 10 Julie 1673 en
volg. Die Dagregister gee egter geen besonderhede nie, o.a. geen enkele
van die name van die burgers wat in die hinderlaag van die Gonjemans
geval het nie. Die regering het onmiddellik ’n strafekspediesie teen
die Gonjemans uitgestuur onder vaandrig Jer. Cruse en burgerluitenent
Elbert Diemer. (Sien Dagregister, 11 Julie 1673). Kort ná hulle vertrek
kom die tyding dat die vyandelike Hottentotte ’n nuwe moord gepleeg het
en gedurende ’n aanval op die Kompanjiepos aan die Saldanhabaai hulle
korporaal Dirk van der Heerengraaf, ’n soldaat en twee koloniste om die
lewe gebring het. Versterkinge word nou gestuur, maar die kommando het
daar nie in geslaag nie om, soos die opdrag gelui het, die
„geweldinaers” met wortel en tak uit te roei, „sonder ijets dat
mannelick is te verschoonen.” (Resolutie van die Politieke Raad, Kaapse
Argief, 14 Julie 1673). Die vyand het ontsnap in die berge, en Jer.
Cruse moes vir hom tevrede stel met die buitmaak van ’n taamlike klomp
vee: 800 beeste en 900 skape. (Sien Dagregister, 25 Julie 1673).
[119] Op 20 Augustus 1673.
[120] Die Dagregister, onder datum 20 Augustus 1673, beskryf as volg
die blydskap van die Hottentotte oor die toelating om self die
strafgereg uit te voer: „Niet so haast was dese permissie uytgesproken,
off alle de Hottentots tot een getal van meer als 100 personen bij een
gecomen en van verwoedtheijt niet langer haere bittere vijantschap
connende beteugelen, begonnen over luyd te schreuwen: Sla doot, die
honden, slaa doot, vervolgende dese thoon met sulcken gejuich en
vreesselijc getier als off bereits alle haere vijanden in’t voetsant
gebragt wesende, daer over quamen zeegepraalen, yeder van hun sig onder
des met een braave kneppel versiende en de traditie der
gecondemneerdens met ongeduld affwachtende.”
[121] Hoorn-werk, sien voetnoot (1) bls. 93.
[122] Nie korrek nie. Luitenant Jan Coon was aan die hoof van die klein
leërmag wat op 12 Januarie 1673 onder opperbevel van kommandeur De Geus
Sint-Helena van die Engelse geneem het en met 100 soldate in besit van
die eiland agtergelaat is. Theal verhaal dat hy ’n paar weke daarna
oorlede is. Hy kon dus in Augustus 1673 nie in die Kasteel aan die Kaap
gewoon het nie.
[123] Die Dagregister, 20 Aug. 1673, spreek van „meer als 100
personen.”
[124] Die burgers was ook vyftig in getal. (Kopie-Dagregister, Ao.
1674–76, Kaapse argief, No. 270, bls. 69.)
[125] Die skrywer spreek hier van die twede veldtog „teen die
rebellerende Gonnema’s Africanen,” maar hy verwar klaarblyklik sekere
besonderhede van die eerste een (Julie 1673) met dié van die twede (end
Maart en begin April 1674). Beide ekspediesies het onder die opperbevel
van vaandrig Jeronymus Cruse gestaan; maar terwyl in 1673 die burgers
aangevoer was deur Elbert Diemer, is dit in 1674 Wouter Mostaert wat as
burgerluitenant saamgegaan het. (Sien Dagregister, 14 Julie en 25 Julie
1673 en 26 Maart 1674.)
[126] Volgens die Dagregister is geen enkel vryman gekwes nie; wel ’n
Hottentot, wat gesterf het aan die gevolge van ’n asgaaisteek wat ’n
neef van hom vir hom per ongeluk toegebring het. (Kopie-Dagregister,
1674–76, No. 270, bls 78.)
[127] ’n Bietjie oordrewe; die rapport van Jer. Cruse spreek van 800
beeste en 4,000 skape. (Kopie-Dagregister, 1674–76, bls. 79.)
[128] Klaas, of Dorha, hoof van die Soeswas, ’n stam van die
Chainouqua-Hottentotte. (Sien hierbo, blss. 94 en 96.) Sy aartsvyand
was Koopman, die hoof van ’n ander tak van die Soeswas.
[129] Kuiper, of Dack’key, ’n kaptein van die Goringhaiquas, of
Kaapmans. Dit is hy wat in Mei 1672 die gebied van Hottentots-Holland
aan die Kompanjie verkoop het, en ’n verbond van vriendskap met die
goewerneur gesluit het.
[130] Schacher, of Osinghkamma, of Manckhagou, ’n ander kaptein van die
Kaapmans en seun van Gogosoa. In April 1672 het hy van sy kant die
Kaapse distrik en Saldanhabaai aan die Kompanjie verkoop en ’n
soortgelyke verbond as dié van Kuiper met die regering aangegaan. Die
krale van Schacher en Kuiper was toe geleë tussen die Tygerberge en die
Stink-Rivier.
[131] Houtebeen se kraal was in 1669 naby Schacher syne. (Sien
Kopie-Dagregister, 1667–70, Kaapse argief, No. 267, bls. 473.)
[132] Die Dagregister maak alleen melding van Kuiper en Schacher.
[133] Van tijen, tijde, getijd = begin, aan die werk gaan.
[134] Die hakke.
[135] Palingvelle.
[136] Die Dagregister, 20 Aug. 1673, voeg hier nog aan toe: „Dese
tragedie, g’eyndigt en middelerwijl de son van d’ aerdkloot verhuijst
wesende, wierde aen de Hottentots die dit schouwspel hadden helpen
volvoeren een soopje aracq en wat tabacq vereert en daermede
gedimitteert.” In die joernaal van kommissaris-generaal Hendrik Adriaan
van Rheede (Kaapse argief, No. 703, blss. 58–59) word onder datum 27
April 1685 ’n beskrywing gegee van ’n soortgelyke teregstelling. Vier
Hottentotte wat ’n Hollandse kneg van ’n vryburger vermoor het, word,
ná veroordeling deur die Raad van Justiesie, aan hul stamgenote
oorgelewer om die vonnis te voltrek: „Vrijdach den 27en de gevangene
Hottentots door den Raed van Justitie ter plaetse gebragt zijnde daer
men gewoon is, de sententie eerst gelesen zijnde, waren aldaer d’
inlandsche opperhoofden en veel volck dewelcken uyt den hoop eenige
commandeerden, die met geen ander geweer als die stocken, daer
gemenelyck mede gaen, niet dicker als een grooten duym en omtrent drie
voet lang, dese misdadigers om hals bragten daer mede slaende in den
neck, dat eenige van de eerste slag dood vielen, doch andere wierden
meer gemartelt, na welck de lichamen boven op de Sandduynen wierden
opgehangen, tot afschrick van anderen; men remarqueerden aen die
gansche natie een melancolie buyvten haer gewoonten desen geheelen
dagh.”
[137] In Beschrijving van Oud en Nieuw Oost-Indien. Deel V, 2de stuk.
[138] Die Goede Hoop was oorspronklik ’n Franse skip met die naam van
Normande, wat in Maart 1689 saam met die Coche op die Franse buitgemaak
is in Tafelbaai, ná ontvangs van die nuus dat oorlog uitgebreek het
tussen die Verenigde Nederlande en Frankryk. Die Coche is toe omgedoop
in Afrika, en die Normande in die Goede Hoop.
[139] In die betekenis van „moed”.
[140] Offisier van laagste rang aan boord ’n skip van die O.I.K.
[141] Sorde of sjorde.
[142] Sterk tou wat gewoonlik gebruik geword is om die seile na die
wind te sit.
[143] Die Dagverhaal vertel hoe die goewerneur Simon van der Stel
persoonlik die leiding geneem het van die reddings- en die
noodlenigingswerk. Hy het ’n tent laat opslaan aan die strand, en hy
het daar vyf dae lank gebly sonder om na die kasteel terug te keer (5
tot 9 Junie). Daarna het hy alles laat doen wat moontlik was, om die
skepe van die Kompanjie te red, maar sonder om in sy pogings te slaag.
Ook die Engelse skip Orange is deur die branders spoedig aan stukke
geslaan (sien Kopie-Dagregister, 1689–1692, Kaapse argief, No. 280,
blss. 819, 848, 988, 1079).
[144] Hierdie officiële erkenning van die heldhaftige daad van Jochem
Willemszoon is te vind in die Uitgaande Brieven, 1691–92 (Kaapse
argief, No. 756), blss. 358–9.
[145] Die kamer van Hoorn en Enkhuizen, of van die Noorder-kwartier,
een van die ses kamers waaruit die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie
bestaan het.
[146] De Vlieter, ’n vaarwater in die Suidersee, tussen die twee
sandplate Lutjeswaard en Het Breezand.
[147] Beide is hawens aan die Noordwestelike punt van Noord-Holland,
reg teenoor die eiland Texel.
[148] Gajoot, of galjoot = ’n ondiepe seeskip met plat bodem, deels
oorlogskip en deels vragskip.
[149] D.i. skepe wat gevaar het op die kus van Guinea (waar die
Hollandse Wes-Indiese Kompanjie toe verskeie handelsposte besit het),
op die kus van Suriname, ’n deel van die Guyana-gebied (wat eweneens
behoor het aan die Wes-Indiese Kompanjie, sedert 1667) en op Lissabon.
[150] D.i. hulle vaar as een vloot.
[151] ’n Lang tou wat dien om die uitwerp of ophaal van die anker te
reguleer.
[152] Die twede seil van onder aan gereken.
[153] Die see-engte tussen die noordkus van Noord-Holland en die eiland
Texel.
[154] Die vlote van die O.I.K. het altyd rondom die noordkus van
Skotland geseil.
[155] Met saamgevoude of opgerolde seile en skuinsgesitte dwarsmaste
vaar, met die doel om aan die wind nie so veel vat op die tuig te gee
nie.
[156] ’n Windjie wat die bakstag, d.i. die dik toue aan die voorkant
van die skip, styf doen staan.
[157] Fair Isle, tussen die Orkney- en die Shetland-eilande.
[158] Rockall-eiland, noordwes van die Hebriede.
[159] Santiago, een van die Kaap-Verdiese eilande.
[160] Abrolhos, rots- en sandbanke op die kus van Brasilië tussen Bahia
en Rio de Janeiro. Portugees abrolhos beteken „dorings,” „voetangels,”
„gevaarlike plek.” Die riwwe het groot gevaar vir die seevaart
opgelewer, en die volksetimologie het in die Portugese woord die
betekenis gelê van „maak oop die oë” (abre olhos), „pas op.”
[161] Travaat = plotselinge windvlaag met swaar reent, uit Port.
travado.
[162] Dwarsbalk aan die agterste mas.
[163] Dwarsbalk aan die middelmas.
[164] Sien hierbo, bls. 125.
[165] Reen = meervoud van „ree” of „ra” (sien bls. 57). Volgens ’n
mededeling van dr. J. M. L. Franken was dit ’n gewoonte om, as daar ’n
seegeveg op bande was, die ra’s of seilhoute met kettings aan die maste
te laat vasmaak, daar anders die toue miskien kon weggeskiet word en
die seile daardeur op die dek val. Die Ordre voor de Schepen van
Oorlogh wat ons vind in Nic. Witsen, Aloude en hedendaegsche
Scheepsbouw en Bestier (Commelijn, Amsterdam, 1671), bls. 386, noem ook
op, onder die voorbereidende maatreëls wat moet geneem word in geval
van ’n seeslag: „Alle de raes met kettings te vangen.”
[166] Holland was toe in oorlog met Frankryk (die oorlog van die
Augburgse Liega, 1688–97), en ’n aanval deur ’n Franse kaper was dus
gedurig te vrees.
[167] Sien hierbo, bls. 134, aant. 4.
[168] Dat julle die rigting van die see neem, van die kus af.
[169] Die groot ra = die ra aan die groot mas of middelmas. Die fokkera
= die ra van die onderste seil aan die voormas.
[170] Die twede seil aan die voormas.
[171] Oprol en met sogenaamde beslaglyne aan die ra vasbind.
[172] ’n Seil aan die voorstewe, wat meestal onder aan die boegspriet
(skuinsliggende kort voormas) vasgemaak was.
[173] In die Uitgaande Brieven, 14 April 1694 (Kaapse argief, No. 757),
word hy „Jacobs Lope” genoem.
[174] Schieman, ’n onder-offisier wat die toesig het op die seil- en
touwerk van die voorskip.
[175] Die assistent van die prowiandmeester.
[176] Vermoedelik dieselfde persoon as die „varsebalie,” ’n matroos wat
daarvoor moes sôre dat die kos en veral die soetwater vars bly of weer
vars gemaak word.
[177] Twee en ’n half uur.
[178] In die verklaring van L. Thijsz. wat voorkom in die Uitgaande
Brieven (Kaapse argief, No. 757, 14 April 1694) word vermeld dat hulle
vir Philip Warlo agtergelaat het „kruijpende hem de wormen uijt sijn
benen.”
[179] Afskorting agter in die skuit, waar een en ander kan gebêre word.
[180] Klein ankertjies met vier of vyf arms en sonder ankerstok.
[181] Kersbosbessies?
[182] Let op die vorm „vogel-struyssen” en nie „struys-vogels” nie.
Sien ook hierbo (bls. 141) „bottel” in plaas van „fles”.
[183] Hollands, Hollander.
[184] Dit was ’n klein kraaltjie van ag hutte (sien Uitgaande Brieven,
14 April 1694).
[185] Finkelwortels?
[186] Namakwas? Hulle het baarde gehad, maar nie lang baarde nie.
[187] Daar is nie ’n rivier nie, maar vermoedelik het L. Thijsz. die
nou geul van die Saldanhabaai teenoor die Kompanjie-pos vir die mond
van ’n rivier geneem.
[188] Die Dageraet.
[189] Hanebolten, of lisdodden, ’n soort van Typha—ons Afrikaanse
papkuil.
[190] Wapens.
[191] Kralen—van Port. corrál of currál.
[192] Dun, droë takkies.
[193] Die Dageraet was toentertyd die slaweskip van die Kaap. Die Amy
was ’n klein Engelse rowerskippie wat die Kaapse regering ’n tyd gelede
(Mei 1693) buitgemaak het in die Saldanha-baai.
[194] Waarskynlik die anker los kap. Ons tref hierdie uitdrukking in
geen enkele woordeboek of vakkundige werk aan nie. Ons meen, egter,
lins of luns (Afr. luns of steker, vgl. ook lunsriem) te moet
vereenselwig met die sogenaamde „karveelnagel”, houtpen in die
dwarsbalk van die beting (d.w.s. die toestel wat dien om die anker aan
vas te lê). Die tou word om die „karveelnagel” geslaan, sodat hy nie
kan afglip nie. Vgl. in hierdie selfde betekenis die Eng. seemansterm
„linch-pin”.
[195] Eén mutsje = 1⁄10 van ’n pint.
[196] Wag van middernag tot vieruur.
[197] Die onderste ra-seil van die voorste mas, of fokmas.
[198] Geien = die seile met toue inkort om die windvang te verminder.
[199] Ses glase, of ses sandlopers, waarvan die uitloop ’n halfuur elk
geduur het. Dit beteken dus om drie-uur snags.
[200] Vieren = die tou laat uitloop.
[201] Ree vir ra.
[202] Beetingh = sterk yster- of houttoestel in die vorm van ’n galg,
waaraan die kettings of kabels vasgelê word ná die uitwerp van die
anker.
[203] ’n Samestel van toue en katrolle wat gebruik word om groot
gewigte op te tel.
[204] Half-deck = die een helfte van die s.g. koebrugsdek, d.i. die
onderste dek van die skip.
[205] Die verblyfplaas van stuurmanne en laer offisiere.
[206] ’n Sterk seildoek wat oor die dek gespan word („awning”).
[207] Houtblokke, of weerhake, waarin ’n mas of ’n skuit vasgesit word.
[208] Twede kanonnier of assistent van die konstabel, die opsigter van
die geskut.
[209] Die bandiete van Robbeneiland. Die skipbreuk het inderdaad
plaasgevind op die westelike hoek van daardie eiland (sien Uitgaande
brieven, Kaapse argief, No. 757, 9 Febr. 1694).
[210] Afgesien van die Kompanjie-slawe was daar in 1708 reeds 1,147
manlike en vroulike meerderjarige slawe in die besit van die burgers,
teenoor 798 manlike en vroulike meerderjarige koloniste.
[211] Ons reproduceer die teks van die eerste Hollandse uitgawe van
1727, gedruk in Amsterdam in twee groot foliante, ’n vertaling van die
oorspronklike Duitse werk wat onder die tietel van Caput Bonae Spei
Hodiernum in Neurenberg verskyn het in die jaar 1719.
[212] End September of begin Oktober 1707 volgens Dagregister, Ao.
1707–1708 (verbatim afskrif, Kaapse argief, No. 293), bls. 391.
[213] Hulle voorneme was „om na Madagascar te reijsen” (Dagregister,
Ao. 1707–1708, t.a.p.).
[214] Die drosters was: Augustijn van Batavia, oud 21 of 22; Titus en
Aron van Coutchin, oud 35 of 36 en 10 of 11 („Klein Aron”); Marie van
Bengalen („Klein Marie”), 20 of 21, slavin van burger Hendrik Meyboom;
Anthony van Bengalen, 30 jaar, slaaf van burger Frederick van der Lind;
Aron van Coutchin, („Groot Aron”), slaaf van Matthijs Wigmann; Jannetje
van de Caab, oud 16 of 17, slavin van Elias Kina, assistent in die
Soldykantoor van die Kompanjie. Die „koning” was Augustijn, die
„koningin” was Groot Marie (Dagregister, Ao. 1707–8, blss. 388 en 399).
[215] Dit is onjuis: die skaapwagter was ’n slaaf van ’n sekere
Johannes Heuffke. (Sien Dagregister, Ao. 1707–8, bls. 391).
[216] Valentijn, op. cit., bls. 42, spreek van keldermeester Jacobus de
Wit.
[217] Net soos die slaaf van Heuffke is hom ’n prop in die mond gesteek
en daarna die keel afgesny. (Dagverhaal, Ao. 1707–8, bls. 394).
[218] Hulle het hom ook die linkerhand en die vlees rondom die heup
afgesny; toe het hulle hom met die kolf van sy geweer pap en stukkend
geslaan en die parte uit mekaar in die veld gegooi, met die doel om die
identiteit van die slagoffer te verberg en dit te doen voorkom asof hy
deur ’n wilde dier versleur geword is. (Sien Dagregister, Ao. 1707–8,
bls. 395.)
[219] Die verhaal van hierdie kordaatstuk is ’n tiepiese voorbeeld van
Kolbe se liggelowigheid. Dit is waarskynlik somar ’n opgesmukte storie
wat in daardie tyd die rondte gedoen het en wat die skrywer sonder
enige verder ondersoek aangeneem het. Dit was nie een man allenig wat
die klomp gearresteer het nie, maar „’s Compagnies posthouders en
eenige Hottentots,” soos die Dagregister vir ons meedeel. (Sien Ao.
1707–8, bls. 396.)
[220] Dit moet vier wees (sien Dagregister, Ao. 1707–8, bls. 399.)
[221] Bedoel word „Klein Aron,” toe 10 of 11 jaar oud.
[222] Dit was Moses van Bengalen, ’n slaaf wat vroeër aan die sekunde
Samuel Elsevier behoor het, maar toe in diens was van vryburger Hendrik
Eksteen. Sien originele Dagregister, Ao. 1712 (Kaapse argief, No. 296),
bls. 90.
[223] Hy wou wraak geneem het op twee slawe, Pieter en Rantong, wat
vroeër saam met hom op Elsenburg gewerk het en aan wie hy die skuld
gegee het dat hy verkoop geword is aan Hendrik Eksteen—’n verkoop
waarby hy sy klein besittings moes agterlaat. Hy het dan ook nie die
woonhuis aan brand gesteek nie, maar die wynkelder en die wamakershuis,
waar hy vermoed het dat Pieter en Rantong respektieflik geslaap het.
(Dagregister, Ao. 1712, blss. 90 en volg.)
[224] Die Ed. Agtb. Raad van Justiesie het vir hom op 2 Junie 1712
veroordeel om „gebragt te werden ter plaatse daar men alhier gewoon is
crimineele sententien te executeeren, aldaar de scherpregter
overgelevert zijnde, over eind staande met een ketting aan een paal
gebonden, alsoo levendig verbrand te worden, zullende het restant van
’t doode gebrande lighaam, naar ’t buiten geregt werden gebragt, aldaar
met een ijsere pot boven ’t hooft denoteerende de brandstigter, op een
rat gestelt, en zoo lange te blijven sitten, totdat door de lugt en
vogelen des hemels zal zyn verteert cum expensis.” Sien Dagregister,
Ao. 1711–14 (Kaapse argief, No. 297), bls. 97.
[225] Johann Wilhelm Vogel, Zehen Jährige Ost-Indianische Reise
Beschreibung, waarvan die eerste uitgawe verskyn is in Frankfort in
1690, die twede in Altenburg in 1716.
[226] Raak-hom-stok?
[227] Hier in die algemene betekenis van verdedigingswapen.
[228] Liste, streke.
[229] Interessant is dit om met hierdie beskrywing dié te vergelyk van
kommissaris-generaal H. A. van Rheede, wat voorkom in sy joernaal
opgestel gedurend sy verblyf aan die Kaap in 1685, onder datum 24
April: „Nae den middagh quamen de Capitijnen oft overstens der
inlanders in het Casteel met veel volck, oud, jongh, vrouwen en
kinderen; uyt dien hoop wierden ontrent dartigh jongelingen uytgesogt
die haer in tween verdelende ontrent 50 roeden van en tegen malkanderen
aanstelden, hebbende ider een stuck van een brandhout of tack van een
boom sonder onderscheyt regt, krom of met tacken, met de welcke ter
weder zijden, soo fel en gewis op malkanderen wierpen, men sich over de
vaerdigheyt, grote force en sekerheyt als over de behendigheyt en
raddigheyt om die te ontwijken en af te keeren most verwonderen, doende
blijken alsoo grooten konst in wel te offenceren als defenderen,
makende soo evenmatige bewegingh met alle de ledematen van het lighaem,
zulcx niet en geschiede in het wilde en na iders sinnelijckheyt, maer
nae een vasten regul, nae welck zij dese oefeningh als op een
schermschool in orde hebben geleert; en dewijle dese soo fel vliegende
houten, soo niet en konden werden gemyd en daar een stock, die een ider
van haer in de linckerhandt hadt, afgekeert, of daer wiert te met
imandt van d’ een of andere parthye geraeckt, en dat zij te saemen
bevorens een weynigh brandewijn hadden gedroncken, soo wierden dese
strijdende partijen soo tegen den anderen verhit, het yok ernst
wordende, niet meer malkanderen mijdende, soo vinnigh wierpen om te
raeken, dat haere overstens en oudste, die tot daer en toe stil hadden
sitten toesien, dien strydenden hoop met gewelt en authoriteyt van een
mosten scheyden.” (Joernaal van Van Rheede, Kaapse argief, No. 703,
blss. 49 en 50.)
[230] Sien ’n vergelyking van die twee tekste in Leo Fouché se uitgawe
van die Dagboek van Adam Tas, blss. 336–340.
[231] Die teks wat ons hier gee, is dié van Valentijn in sy
Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope (Oud- en Nieuw Oost-Indiën,
5de deel, 2de stuk). Die origineel berus op die Ryksargief in Den Haag.
Soos ons hierbo aangedui het, is daar belangrike verskille tussen die
oorspronklike teks en dié van Valentijn, wat sy afskrif seker van
Willem Adriaen verkry het; maar die afwykinge en leemtes wat in die
lesing van Valentijn voorkom, het alleen betrekking op die veeruil met
die Hottentotte. Dit affekteer nie die ander dele nie, waaronder die
uittreksel wat ons laat volg, wat trou met die origineel ooreenstem.
[232] bors.
[233] Jan Harmanszoon Potgieter, vryburger en wagmeester van die
burgerkawallerie van Stellenbosch.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK UIT OU REISBESKRYWINGE: DAGVERHALE EN ANDER LETTERKUNDIGE BRONNE OOR DIE KAAP ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
||
Boesman-Stories, Deel 4. Gemengde Vertellings, mees van 'n Awontuurlike Aard | Von Wielligh, G. R. (Gideon Retief) | 1,859 | 1,932 | Wielligh, Gideon Retief von | https://af.wikipedia.org/wiki/G.R._von_Wielligh | af | [
"LCSH=San (African people) -- Folklore",
"LCSH=Tales -- Africa, Southern",
"LCC=GR"
] | [
""
] | 2021-03-02 00:00:00 | 55 | The Project Gutenberg eBook of Boesman-Stories, Deel 4. Gemengde Vertellings, mees van 'n Awontuurlike Aard
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Boesman-Stories, Deel 4. Gemengde Vertellings, mees van 'n Awontuurlike Aard
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: H. A. Aschenborn
Release date: March 2, 2021 [eBook #64676]
Language: Afrikaans
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 4. GEMENGDE VERTELLINGS, MEES VAN 'N AWONTUURLIKE AARD ***
BOESMAN-STORIES.
Deel IV.
GEMENGDE VERTELLINGS,
MEES VAN 'N AWONTUURLIKE AARD.
DEUR
G. R. VON WIELLIGH.
Geillustreer deur H. ANT. ASCHENBORN, Stellenbosch.
ALLE REGTE VOORBEHOU.
DE NATIONALE PERS. BEPERKT. Drukkers en Uitgewers. Kaapstad,
Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1921.
INHOUD.
No. Bladsy.
'n Paar Woorde vooraf i-iii
76. 'n Onverwagte ontmoeting 1
77. Onwetend sondig, en wat daarop volg 9
78. As 'n Boesman weer wild word 15
79. Op 'n Skiettog, en wat daar te sien was 23
80. Nog meer oor die Skiettog 31
81. 'n Kommando teen Boesmans 37
82. Hoe daardie Veldtog geëindig het 43
83. Die Wraak van 'n Boesman 51
84. Boesmans by Chrissiesmeer 61
85. Kalmte in gevaar is die beste Raadsman 67
86. Veg Boesmans ook onder mekaar? 75
87. Die verkeerde Volstruis 81
88. Staan tot die Dood toe 93
89. Vryheid--die grootste Ideaal 101
90. Liewers Sterwe as Oorgee 111
91. Die Wreedheid van Boesmans 119
92. Boesmans in die Breekwater 127
93. Uit die Breekwater huis-toe 133
94. 'n Boesman-Weeskind 139
95. Die Krag van Bygeloof 149
96. Nog meer oor Bygeloof 157
97. 'n Boesman se Opvoeding 163
98. Hoe 'n Tier baas gespeel het 171
99. Twee verwante Stories 181
100. Uit die bek van 'n Krokodil ontsnap 187
'N PAAR WOORDE VOORAF.
Met Boesman-Stories het ons eers die leser 'n kykie in die hart en
gemoed van die Boesman laat werp. Hierdeur het ons kennis gemaak
met sy manier van dink, wat sy begrip van lewe is, en ook in hoever
hy hom in afgetrokke denkbeelde kan verdiep. Toe het ons nader na sy
aandvuurtjie gestap, om na sy stories, die vrug van sy skeppingskrag,
te luister. Daarna het ons getrag om hom voor te stel soos hy deur
die bril van die beskawing gadegeslaan word. En nou in Deel IV bring
ons hom op die toneel om te toon watter rol hy in die hedendaagse
beskawing speel. Ons kry hier met die voorhistoriese mens te doen.
Sou vandag in Europa 'n klompie van die ou geslag uit die steentydperk
verskyn, let dan op watter ophef oor hulle sal gemaak word. Geleerdes
van alle kante sal toestroom om kennis met die voorgeslag te
maak. Hulle sal praatmasjiene meebring om die taal op plate te
bewaar. Hulle sal hard probeer om die taal te leer, en hulle sal dié
soort mense meer vrae stel as wat hul kan beantwoord.
Wel, hier in Suid-Afrika het ons onder ons vandag nog 'n menseras uit
die steenperiode, en min aandag word aan hulle deur die geleerde wêreld
bestee. Ja, eendag sal die nageslag ons, die teenswoordige geslag,
vir hierdie nalatigheid met reg grootliks blameer. Ons persoonlik
het daarna gestreef om materiaal byeen te bring om die Boesman in
elke opsig van sy maatskaplike bestaan voor te stel. Ons het getrag
aangrypende voorbeelde uit sy lewe te verskaf om kennis te maak met
sy manier van dink, redeneer, ook sy doen en late, en om 'n idee te
kry van watter nut of onnut hy in die hedendaagse maatskappy is. Met
ander woorde, ons het gepoog die teenswoordige en toekomstige leser
in aanraking te bring met die Boesman wat leef--al is hy reeds lankal
gestorwe. Deur sy geskiedenis, sy kuns en sy taal te bestudeer, kry
ons slegs 'n lewenslose portret van hom; maar om na sy vertellings
te luister, sit ons in sy geselskap, en ons ore drink ieder woord van
sy lippe op--al is daardie lippe reeds vir eeue tot stof vervorm. In
ons verbeelding sien ons 'n lewendige wese op wie se aangesig noodlot
sy stempel van plesier en onbesorgdheid diep afgedruk het.
Die geskiedenis is slegs 'n koue standbeeld wat ons kom vertel dat daar
êrens so 'n nasie gelewe het, dat Afrika uit die pad van Europa en Asië
gelê het; en weens sy woestyne was Afrika nooit die Nabothswyngaard van
hebsugtige nasies nie. Om hierdie rede was die Boesman vry om na eie
goeddunke te handel en te wandel. Hy is nooit oorwin geword nie, maar
wel stelselmatig verdrywe en uitgeroei. Die geskiedenis vind hierdeur
'n verklaring van hoe 'n ou geslag uit die steentydperk deur al die
eeue onveranderd, onbeskaaf, sonder 'n steek verder te ontwikkel as
wat hulle stamvaders vir duisende jare terug was, gebly het, terwyl
in die geval van ander volkere die monumente van die beskawing van die
gryse verlede verkrummel het en die son van die Verligte Eeue reeds vir
'n lang tydvak hoog aan ons hemel skitter. Hoe belangwekkend dit alles
is om te weet, ons het slegs 'n koue standbeeld van hierdie dwergras
voor ons, terwyl aan die ander kant hulle volksvertellings ons met
'n lewendige ras in aanraking bring.
Wel, wat Boesman-Stories vir die teenswoordige betref, word hul deur
die gros van ons lesers bejeën as bloot vermaak vir kinders. Dat
dit so mag wees! Dan is ons oor hierdie feit baie voldaan, omdat
dit ons die versekering gee dat ons meehelp om aan ons opgroeiende
geslag genotvolle uurtjies te verskaf. Daarom het ons eenvoudige taal
gekies. Maar daar sal gewis 'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders
nie, maar meer as kinders hulle ore sal hou teen die blaaie van
Boesman-Stories om te luister na sprokies en vertellings asof die
woorde direk en duidelik afkomstig is van die oorspronklike lippe
wat hul vertel het.
Die Skrywer.
Kafferstad, Hendrina, Tvl.,
24 Oktober 1919.
Stories No. 1 tot No. 25 is in Deel I gepubliseer; No. 26 tot
No. 50 in Deel II; No. 51 tot No. 75 in Deel III; en No. 76 tot
No. 100 word in hierdie Deel gepubliseer.
NO. 76.
'N ONVERWAGTE ONTMOETING.
OPMEKINGS:--Ons gee 'n kort beskrywing vooraf van die geaardheid
van 'n leeu, waardeur die eintlike verhaal beter sal begryp word.
Die leeu is 'n roofdier wat jag en sy kos soek as dit donker is;
oordags verkies hy om te slaap en sal dan nie somar iets aanrand
nie--of soiets moet skielik op sy lyf afkom, en dan nog oorweeg hy
sy posiesie goed eer hy tot die aanval oorgaan.
'n Mens hoor hom selde gedurende die dag brul. Eenmaal het ons hom
met sononder in noordelike Swasieland hoor brul, en 'n ander maal om
tienuur voormiddag ná ons die vorige dag een van sy kleintjies gevang
het. Anders is sy gewone brultyd teen drie- of vieruur in die ná-nag.
Hy is 'n trots dier en sal nie somar vlug solank hy in gesig is nie. En
tog het ons hom tweemaal sien vlug dat die takke so raas. Die eerste
maal was ons neë witmense en omtrent honderd Kaffers bymekaar en klim
die Lebombo-berge uit; toe hy ons sien aankom, neem hy die loop en
verdwyn oor die lae randjie.
Die twede maal was dit glad iets anders. Die dag tevore het ons
twee van die langnek-kamele geskiet en een swaar gewond. Ons gee toe
order aan die Kaffers om op te let waar aasvoëls in die lug dwaal,
daar dit 'n aanduiding is van waar die kameel dood lê. Ons persoonlik
was dié dag die enigste witman en is deur tagtig gewapende Swasies
gevolg--Swasies wat met ons meegegaan het om die grenslyn tussen
Transvaal en Mosambiek af te baken. Wel, die Swasies sien aasvoëls in
die lug dwaal; hulle storm toe hul iets sien lê--daar in die verte nog,
want die gras was kort gebrand. By so 'n geleentheid wil elkeen die
eerste op die plek wees. Hulle skree, klop op hulle beesvel-skilde
en fluit hard. Ons ja te perd saam. Toe ons omtrent 150 tree van
die plek is, bemerk ons dat dit nie die kameel is wat daar lê nie,
maar wel 'n kwagga wat twee leeus gevang het; en die twee met hulle
kleintjies was besig daaraan te eet.
Dit was 'n uur voor sononder. Toe die leeus die rumoer hoor en sien
hoe die Kaffers en 'n ryperd op hulle aanstorm, word hul bang en vlug
dat die stof so trek. Een van die kleintjies het te oordadig gevreet
en kon nie vinnig hol nie; dus het ons dit gevang en later met ons na
Pretoria oorgebring, en nog later, ná dit uitgegroei is, verkoop aan
'n Duitser wat wilde diere vir die Duitse diertuine ingekoop het.
Maar in hierdie gevalle was die leeus in die minderheid; en ons ken
gevalle waar die leeus by twee geleenthede ons Kaffers in die bome
geja het, alwaar hul die hele nag moes sit tot die son hoog uit
was; want dan gaan die leeu na sy lêplek toe--nie in spelonke en
kuile soos ons gewoonlik in boeke lees nie, maar in riet, hoë gras
of digte bosse. Kom iemand dan oordags op hom af, dan val die leeu
die persoon nie somar uit die staanspoor aan nie; maar hy staan op,
en met vurige oë en stertgewaai staan hy die indringer aan te kyk en
berei hom voor vir die aanval deur nader te kom, en dan storm hy. Dog
voor hy sy spring maak, steek hy vlak voor sy prooi vas en gee daarop
die dodelike spring. As hy daar voor iemand vassteek, dan is dit die
laaste kans om te skiet--want die spring is raak en dodelik.
Wel, nou sal ons die posiesie van die Boesman beter verstaan in die
verhaal wat nou volg.
Mnr. E. de Roubaix stuur aan ons wat oom Jan Visser aan hom verhaal
en wat hy dadelik aangeteken het. Oom Jan vertel:--
"My oorlede vader het aan my nog verder omtrent Rondelyf meegedeel en
sê dat hy en Rondelyf, die ou Boesman, eendag besig was om weggelope
beeste op te soek. Dit was by Gare-se-berg langs Grootrivier. Hulle kom
onverwags op 'n leeu se lêplek af. Die leeu hoor hul praat en loop;
hy spring op en staan hulle verskrik aan te kyk. Hy maak somar plan
om 'n aanval te maak, en na ou gewoonte maak hy sy maanhaar staan
en swaai die kwas van sy stert heen en weer en kom gedurig entjies
nader. Ongelukkig het my vader sy roer nie by hom gehad nie; maar die
Boesman was met boog en gifpyle gewapen. Hy kies vir hom 'n pyl uit en
staan nou en wag tot die leeu op 'n gerieflike afstand kom. Rondelyf
gebied vader om doodstil skuins agter hom te staan. Hy vat toe fyn
korrel met sy pyl en boog.--'My liewe kind,' sê my vader aan my, 'glo
nou vir my, die Boesman trek toe aan die boogsnaar tot dit later lyk
of sy twee skouerblaaie oor mekaar skuif. Hy haak af, die snaar klink,
en die pyl vlie koeëlsnel en tref die leeu in die kuiltjie voor sy
bors. Die leeu spring met 'n brul regop in die lug en slaan toe neer
nes 'n os wat die koeël vlak voor die kop in die kroontjie kry. Hy het
nog 'n paar trekke en skoppe gegee, maar was so te sê op die plek dood.
"'Met die afslag en oopsny van die liggaam, kry ons die harpoen in
die hart van die dapper dierkoning. Dit was vir jou somar 'n pure
raakskot, nè?'
"Maar die inspanning om die pyl deur die vel en vleis te laat
deurdring, was vreeslik; want die styf-gespanne snaar het die vel
van die Boesman se regterduim en voorvinger skoon weggeskeur."
Tot so ver het oom Jan Visser vertel.
Uit hierdie voorval word dit vir ons duidelik aan watter gevare die
Boesmans in die woesteny gedurig blootgestel is. Hulle het niks anders
om op terug te val as hulle pyle en boog nie. En as hulle lafhartig
gewees het, dan was die hele geslag miskien nou deur wilde diere
uitgeroei. Maar so klein as hy is, is hy 'n held op wie, as maat,
'n mens kan vertrou. Hy sal nie somar gou vlug nie, maar kruip liewers
weg om van uit sy skuiling vir hom en sy maats tot die laaste pyl op
is, te verdedig. Met een pyl in sy hand bly hy net so gevaarlik as
wanneer die hele pylkoker gevul is.
NO. 77.
ONWETEND SONDIG, EN WAT DAAROP VOLG.
OPMEKINGS:--Die besonderhede van hierdie verhaal is ook deur
mnr. E. de Roubaix aan ons meegedeel.
Jare gelede het in Groot-Namakwaland, noord van Grootrivier, 'n
Engelsman gewoon met die naam van Donkin. Hy het daar vee ingekoop
en dit in die Boland gaan verkoop.
Hy kon die Hottentot- en Boesmantale baie goed praat, wat in daardie
streke van groot waarde is. Ook het hy twee Boesmantjies gevang en
groot gemaak. Hy gee hul toe die name van Karools en Bantjies. Hy het
altyd met hulle in die Boesmantaal gepraat, dog die twee het later
in gebroke Afrikaans ook 'n gesprek kon voer.
Eenslag kom hy weer met 'n klomp osse deur Grootrivier om dié in
die Boland te gaan verkoop. Sy twee Boesmantjies was toe al groot,
en hulle moes die osse aanja. Mnr. Donkin ry gewoonlik vooruit,
en die twee kom met die osse agterna.
Vroeg een oggend kom mnr. Donkin op Troe-Troe (nou Vanrhynsdorp)
en wag daar vir sy osse. Maar al wat uitkom, is die osse. Wat het
intussen gebeur?
Die twee Boesmans het die oggend met die osse by 'n koringland
verbygekom. Die osse, wat hongerig was, storm die land in en eet ewe
gulsig. Dit was vir Karools en Bantjies te mooi om te sien hoe graag
die osse daardie soort gras wat hulle nie ken nie, eet. Hulle laat
die osse maar hulle gang gaan en goed dik vreet.
Die gesaaide het aan oom Piet ---- behoor, en die ou oom was maar
'n bietjie kwaai. Hy was in die gewoonte om smôrens sy landerye om te
ry om te kyk of alles nog in orde is--en daar kom hy op die gedoente
af dat die osse sy gesaaide afmaai, onderwyl twee Boesmans dit alles
met die grootste kalmte aanskou.
Hy brul van woede en skree vir die Boesmans: "Julle satansgoed! Wat
maak jul hier? Ja op die daad die beeste uit, of ek sal julle wys!"
Die Boesmans maak of hul hom nie verstaan nie en praat die Boesmantaal
dat dit so klap. So vinnig as die oubaas die osse uitja, so vinnig
keer die Boesmans voor en dryf die osse land-in.
Dit is genoeg om die beste mens dinge te laat doen wat hy anders
nie sou gedoen het nie. Die Boesmans was te rats--hy kon hul met
die perd nie bykom nie; dus ja hy in woede terug na Troe-Troe toe
en kom daar uitasem en rooi in die gesig aan. Hy stap driftig sy
huis in, gryp sy rewolwer, spring weer in die saai en ja terug in
die rigting waarvandaan hy gekom het. Sy vrou merk onraad en snel na
die vrederegter toe en versoek hom agterna te gaan. Hy was 'n bietjie
versigtig en neem twee ander mans te perd met hom mee.
Met hierdie gedoente kom mnr. Donkin eers agter dat daar onraad is,
en hy ja ook te perd agterna. Toe hy daar aankom, was die osse al uit
die land; maar Karools en Bantjies was skoonveld weg en nêrens te
vinde nie. Die mans neem die osse na Troe-Troe toe, en mnr. Donkin
bly radeloos agter. Ná die mense weg was, kruip die twee Boesmans
digteby die land uit 'n slootjie; want hulle het vir die ander mans
bang geword. Hulle baas neem hul toe mee.
Die volgende dag het die saak voor die hof gedien. Niemand kon
die Boesmans verstaan nie; dus is hulle eie baas as tolk ingesweer
geword. Daar hy nie so 'n dom man was nie, is hy met 'n ligte boete
daarvan afgekom. Hy trakteer toe vir Karools en Bantjies met 'n
halfemmertjie lekkers en 'n halfbottel brandewyn--wat hul natuurlik
toe net lekker en vrolik maak.
Die volgende dag was die drinkplekkie ingebreek, en brandewyn het
makeer... en ook Karools en Bantjies het makeer. Mnr. Donkin en 'n
gekleurde konstabel het hul agternagesit; wyd oor die Knegsvlakte
het hul gesoek. Dit was verniet; want iemand te perd sou hul nie kon
gevang het nie.
NO. 78.
AS 'N BOESMAN WEER WILD WORD.
OPMEKINGS:--Mnr. E. de Roubaix het hierdie verhaal ook aan ons
gestuur. Dit handel oor twee awonture van oom Koos met Boesmans. Sy
seun leef nog, en hy staan in vir die waarheid van die feite soos
hier meegedeel.
Dit was in die jaar 1840. Boesmanland van Calvinia af tot na
Grootrivier was toe nog baie woes, vol wild, ongedierte en Boesmans. In
hierdie jaar onderneem oom Koos 'n rit te perd uit die Hantam van sy
plaas naby Calvinia na Nylersdrif aan Grootrivier, alwaar 'n veepos
van hom was. As 'n mens in daardie dae 'n reis met 'n wa vol kos en
met sy roers daarop onderneem het, sou die onderneming nie so gevaarlik
gewees het nie; maar begryp, oom Koos gaan te perd en ongewapen.
Die derde dag ná oom Koos van sy huis vertrek het, kom hy op die
teenswoordige Sout-Dwaggas. Dit is 'n onoorsienbare kaal vlakte,
bedek met langbeen-boesmangras. Hy en sy perd voel albei baie moeg
van die vermoeiende rit. Hy besluit om daar af te saal, te vernag,
en om maar daar goed uit te rus tot vroeg in die oggend; dan meen
hy weer voort te gaan. Ná hy afgesaal het, gee hy sy perd water in
'n kolkie en gaan toe sy getroue dier tussen die gras span. Hy het
nog biskuit en biltong by hom gehad en het die droë bete lekker
geniet. Daarna sny hy gras en maak vir hom 'n sagte bed, want die
skemering begin toe al toe te slaan. Dit het hom nie lank geneem om
op sy grasbed langs die kareedoringbos aan slaap te raak nie.
Ná hy omtrent twee uur geslaap het, word hy deur 'n geweldige geskreeu
wakker. Hy lê nugter wakker en luister, want dit het vir 'n rukkie
opgehou. Nie te lank nie, of daar kom dieselfde geluide van "hôgim,
hôgim"--kompleet nes bobbejane wat daar skree. En dit nogal kortby
oom Koos. Half verskrik en besluiteloos bly hy eers doodstil lê. Dog
die geskreeu word al harder en woester. Vererg en boos spring hy op,
om te sien dat hy deur 'n klomp Boesmans omsingel is. Hy word kwaad
in plaas van bang te voel. Iemand wat in 'n groot gevaar gewees het,
ken hierdie soort gevoel.
Hy roep ewe boos uit: "Maiskarries! waar is my perd?"
'n Terggelag van hulle maak oom Koos nog boser. Hy knyp sy oë toe,
byt op sy tande vas en wou net met geweld vorentoe om 'n pad met sy
vuis deur hulle te slaan--laat kom wat wil, dink hy.
Toe gryp een van die Boesmans hom aan die arm en roep uit: "Duusman,
pas op 'n bietjie! Ek is T'konnie, wat van Duusman uit die Hantam
weggeloop het. Toe Duusman die perd daar water gegee het, het ons
naby gelê; en ek het Duusman somar geken. Die perd ons wil eet,
maar Duusman ons wil nie doodmaak nie, as Duusman vuur gee en pad vat."
Oom Koos, wat hoegenaamd geen genade van die Boesmans verwag het nie,
is nou woedend oor sy perd, verwonderd om die afgedankste T'konnie hier
te sien, en bly dat daar kans is vir sy persoon om sonder liggaamsleed
los te kom. Hy ken die Boesmans te goed en weet dat dit nutteloos is
om vir die lewe van sy getroue perd te pleit. Hy gee toe sy tonteldoos
en vuurslag aan T'konnie, waarop hulle in die duisternis verdwyn.
Aan slaap is nou vir oom Koos nie meer te dink nie, want hy moet nou
verder voetslaan. Sal hy omdraai om hulp te gaan soek om die rowers
agterna te sit? "Nee," dink hy, "wat sal dit help; want as die son môre
opkom, dan het hulle reeds myle en myle ver die wêreld ingevlug en kan
dan Byesteek-se-berg bereik het, of nugter weet watter plek anders."
So vinnig as hy planne maak, verwerp hy die een ná die ander. Hy
besluit toe ten laaste om maar voet te slaan in 'n noordoostelike
rigting na Sakrivier toe. Daar sal hy wel mense kry. Gelukkig dat
Boesmanland kort tevore reën gekry het; dus was daar orals in die veld
ope waters. Ook het hy by hom nog 'n paar stukke droë vleis gehad
wat die Boesmans, as 'n uitsondering op hulle gewone handelwyse,
aan hom gelaat het.
Oom Koos sit toe sy reis in die woesteny voort. Die son oordags was
baie warm; die hitte daarvan en die angs vir Boesmans in die nag,
sonder om van ander gevare eens te praat, het só op sy senuweegestel
gewerk dat hy afgemat en half buite sinne van die vermoeienis by
Sakrivier aankom, alwaar hy twee trekke vind. Hier het hy uitgerus
en het sy reis met 'n geleende perd na Nylersdrif voortgesit, waar
hy eindelik veilig aangeland het; en toe was hy by sy vee.
Oom Koos was nie te lank op Nylersdrif nie, of 'n klomp van sy
lammerbokke raak weg. Hy pak die ou geweer van sy kneg en stap die veld
in om die bokke te gaan opsoek. Sodoende klim hy op een klipkoppie ná
die ander om 'n ver blik oor die veld te kan werp; maar hy gewaar die
bokke nie. Eindelik was hy al baie ver van sy veewerf af. Weer klim hy
'n koppie uit en sien hierdie slag 'n paar bokke teen 'n skurwe rand
wei. Toe hy nader kom, raak die bokke opeens aan hardloop, en daar
sien hy 'n paar Boesmans tussen rotsblokke inspring en wegkruip. Die
roer was gelaai, en onverskrokke storm oom Koos die plek. Hy klim op
'n groot rots wat 'n diep skeur aan die onderkant het. Hy kon niks
bespeur nie; maar net toe hy wou afklim, gons 'n pyl vlak voor sy neus
verby. Dit verskrik oom Koos nog nie. Hy het gesien dat die pyl uit
die klipskeur onder hom uitgekom het; dus trek hy hom terug, maak sy
hoed voor aan die tromp van die roer vas en laat dit versigtig sak om
die indruk te verwek dat dit hy is wat in die skeur loer. Klaps! vlie
'n pyl deur die hoed. Maar op dieselfde oomblik was oom Koos klaar. Hy
druk die tromp van die geweer diep in die skeur, los die skot, en
hoor iets binnekant 'n geluid maak. Nou begin hy regtig te loer. Hy
oortuig hom dat hy raak geskiet het; hy klim toe af tot by die skeur
en sien dat hy een van die skurke doodgeskiet het. En dit was niemand
anders as T'konnie nie. Maar die ander diewe was nêrens te kry nie.
So gaan dit. T'konnie het eenmaal die lewe van sy vorige baas gespaar;
maar die twede maal wou hy dit nie doen nie--net soos 'n half mak
Boesman is wat weer na die wildes teruggegaan het.
Al wat oom Koos van sy bokke teruggekry het, was net 'n paar; die
ander was geslag en opgeëet.
NO. 79.
OP 'N SKIETTOG, EN WAT TE SIEN WAS.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur
ds. W. S. Rörich, Kroonstad, O.V.S. Ons gee dit net soos dit aan
ons meegedeel is.
Oom Gert G---- het hierdie ware gebeurtenis vertel:--
Ek meen dit was in die jaar 1860, en ek was toe al veertien jaar
oud. My pa en oom Theuns het gaan jag noord van die Grootrivier, en
ek moes gelukkig meegaan--waaroor ek baie bly was. Daardie skiettog
het op my so 'n indruk gemaak dat ek dit nooit in die dag van my lewe
sal vergeet nie. Daarom vertel ek nou alles net soos ek dit gesien
en ondervind het.
Ons woon toe in daardie dae tussen Buffelsrivier en Port-Nolloth. Die
enigste plek waar ons die Grootrivier kan deur, is omtrent anderhalfuur
van die mond af: daar loop hy mooi gelyk, met lae walle en 1,800 tree
breed. Van Port-Nolloth af is daar vreeslik dik sand en duine. Dit neem
tien flukse skofte om die rivier te bereik. Ons was met twee waens, elk
met agtien knewels van osse bespan en voor ieder 'n Boesman as leier.
Dis gekheid om so 'n jag sonder Boesmans te onderneem. Ek wil amper
beweer dat jy eerder jou roer tuis kan laat as sonder 'n Boesman
daar oorkant te gaan skiet. Die Boesmans ken daardie wêreld op die
punte van hulle vingers; en dan het hulle meer planne en uitvindsels
as 'n mens hom ooit kan verbeel. Hulle kan baie ver en goed sien;
dan, hulle ruik is goed, en verder kan hul baie fyn hoor. Beter
as 'n patrys kan hul wegkruip en hulle versteek. Ook kan hul baie
vinnig en op die aanhou hardloop, en daarby kan hul lank sonder kos
en water bly. Ja, hulle weet vooraf waar daar êrens wild moet wees,
en kan dit keer net soos hulle dit wil hê. Een ding moet 'n mens voor
oppas, en dis dit: Voor jy jou Boesman uitstuur om wild te gaan soek,
moet hy nie te veel te eet en te drink kry nie; want dan word hy lui,
kry somar vaak en gaan vir 'n halfdag lê en slaap. Die beste plan is
om hul oordags min kos en water te gee, maar voer hul saans goed: dan
bly hul fluks en lewendig. Pas jy nie self dié maatreël toe nie, hulle
ken geen maat in enige ding nie. Hoe meer jy gee, hoe meer wil hul hê;
en verder mors hul alles op. Waarlik, 'n Boesman sal nie vir die dag
van môre sorg nie; in hierdie respek is hul nes diere of kinders.
Ons het op ons waens gehad: twee grawe, twee byle, twee emmers,
twee vate water; verder volop broodkos, sout, en 'n groot pot. Daar
oorkant is 'n woeste sandwêreld--net soos in die suidekant van
Grootrivier. Langs die rivier op is daar bome, laagtes, en ook hier
en daar klein bergies. Dit is eintlik die regte jagwêreld. Daar
is gensbokke, volstruise, springbokke, koedoes en duikers, en so
meer. Saans huil oom Wolf oor kos, en neef Jakkals probeer om lammers
ná te blêr; maar regkry is net verniet--al het sy nasie al vir honderde
jare geleer. Maar met dit alles het die twee baie planne om wild
vas te keer. Hulle het dit net volop; maar die mooiste is om hulle
kleinspan aan die kos te sien ruk en pluk. Dit geskied natuurlik nie
sonder rusiemaak en baklei nie. Dan lê die oom en neef ewe hoogmoedig
aan te kyk hoe hulle na-kroos hulle tande vir 'n ou dag oefen.
Ná 'n paar flukse skofte moes ons laer in 'n laagte trek; want daar
in die rondte was baie wild, en die wêreld daar was baie geskik om
te jag. Dit het die twee Boesman-leiers ons vooraf vertel.
In die jagveld is 'n mens heeltemal afhanklik van die Boesmans. As jy
hulle taal nie kan praat nie, is jy heeltemal verlore. Gelukkig ken
almal van ons wat op jag was, die Boesmantaal; want ons het dit as
kinders by die kindermeide geleer. Baiekeer was ons in die jagveld
alleen, onderwyl ons Boesmans weg was om wild te gaan opspoor; dan
kom die wilde Boesmans op ons af om water of iets anders te vra. Ons
kan dan goed met mekaar gesels, en ons vind dan baie dinge by hulle
uit. Die nasie het vertroue in jou as jy hulle taal kan praat; anders
is hul agterdogtig en sku vir dié wat hulle taal nie ken nie, en nog
daarby skelm en vol draadwerk. Glo my vry, 'n Boesman is baie skelm;
maar dat hul onnosel is, moenie glo nie! As jy maar sien en let op
die slim planne wat hulle maak om wild in die hande te kry, sal jou
verstand stil staan.
Soos ons algar weet, is alle diere baie oplettend. As jy net 'n
paar klippe op mekaar sit, of boomstompe oorkruis plaas, of bossies
op die kop regop laat staan, dan sal die wild dit dadelik merk--al
was hul nooit vroeër op die plek nie; en hulle gee altyd vir sulke
plekke pad. Dit en nog meer weet die Boesmans te goed en weet daarvan
gebruik te maak om hulle stukkie kos in hande te kry. Hulle beste
wegkruipplek met hulle pyle en boog is die ope vlakte. Hulle grawe
'n holte diep genoeg om in te lê en wag daarin die wild af. Orals pak
hul klippe of stawel bossies op mekaar om die wild in die rigting te
drywe soos hulle dit wil hê; daarom is daar gewoonlik twee rye van
hierdie soort verskrikkers wyd van mekaar om die wild tussendeur te
laat kom. Dié wat die wild aankeer, loop ver om en kom langsaam nader
om die wild nie te verskrik of te laat weghol nie. Dan kom die bokke
stadig wei-wei aan. Die bossies en klippe is dan die oorsaak dat hul
reg op die skutters afkom. Die skutters wag hulle kans mooi af om al
hulle maats 'n kans te gee. Meteens word geskiet; en dit gebeur dat
'n man op een plek tot vier bokke doodskiet.
Dis nie die enigste plan van jag nie. Hulle vermom hul deur die vel van
'n bok om hulle lyf te trek, en dan stap hul op hande en voete. Of soms
bind hul bosse om hulle lyf vas en kruip dan stadig nader. Soms is die
bosse om hulle liggaam in so 'n vorm gebind dat die Boesman self na
'n groot bos lyk. 'n Ander plan is om die vel of vere van 'n volstruis
te gebruik en om dié om hulle lyf te bind, sodat die Boesman taamlik na
'n volstruis lyk. Daar is nog baie meer fyn planne wat hulle beraam om
wild in hande te kry; maar dit sal te lank neem om algar te vertel. En
tog verseker die Boesman ons dat dit baie moeilik gaan, met al die
slim planne, om wild in die hande te kry; want die wild word minder,
daar hul deur die jagters--wit en swart--doodgeskiet of verjaag word.
(Hierdie verhaal word vervolg onder No. 80.)
NO. 80.
NOG MEER OOR DIE SKIETTOG.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is 'n voortsetting van die vorige
(No. 79).
Die Boesmans glo vas dat die diere met mekaar kan praat en dat daar
mense is wat hul in diere kan verander, en diere wat hul in mense kan
verander--net na hulle lus kry. Hulle glo sterk in towery en is baie
bang vir spoke.
Maar laat ons weer tot die jagtog terugkom. Ons het binne 'n week
waarlik twee stywe knapsakke vol pluime van volstruise gehad;
verder het ons geskiet: vier groot gensbokke, drie koedoes, tien
springbokke, en 'n lot duikers; ook het ons 'n menigte volstruiseiers
versamel.... en 'n leeuvel.
Daar het ek gesien hoeveel 'n Boesman kan eet en drink. Dit het
soms gebeur dat ons 'n twintig wilde Boesmans by ons gehad het om te
help met die jag en afslag. Daarvoor, as vergoeding, kry hul al die
beenvleis en die binnegoed. Die groot pot moet vroegtydig met water
op die vuur staan. Solank hulle afslag, gaan daar stukke vleis in
die pot; dit is skaars 'n paar minute daarin, of een haal dit uit en
deel dit onder hulle in die rondte. Met net 'n paar koue sluk hul die
vleis so smaaklik in, en netnou is daar alweer ander vleis klaar om
te eet; en so hou dit aan tot ons biltong kan sny. Daarna begin hul
weer met die binnegoed, die los vleisies en murgbene; die sagte bene
word gebraai en opgekou. En as hul klaar is, lê net die skoon bene
daar in die rondte. Eendag het ons twee volstruise geskiet. Dit was
toe 'n aardigheid om die klomp Boesmans te sien te kere gaan. Hulle
het die halwe nag deur geëet; en die anderdagoggend hoog sonuit lê
die hele boel nog te slaap. Party se mae was so vol van die half rou
vleis dat hul skaars orent kon kom of bly staan.
As hul baie dors is en jy gee hul water, dan drink 'n groot Boesman
'n taamlike emmer vol water dol leeg. Ons het dit eendag probeer met
'n jong en sy meid met hulle kleintjie van omtrent 'n jaar oud. Die
kleintjie alleen het goed twee bottel water uitgedrink. Jy kan bepaald
sien hoe sy maag swel by elke sluk. Maar toe hy klaar gedrink het,
gaan hy lê--so dik as hy was. As hul so geëet en gedrink het, dan kan,
ja, moet hul vir dae so bly. Arme goed!
As hul 'n stuk of wat grootwild skiet en daar is nie baie eters nie,
dan eet die paar wat daar is, tot hul nie meer kan nie; dan gaan hul
slaap, om oor 'n ruk daarna die etery weer voort te sit. Die plesier
bestaan dan uit eet, slaap, en dans in die nag. In die somer word
die vleis gou sleg en kry spoedig 'n bedorwe ruik; en dan kom nog
daarby dat oom Wolf en neef Jakkals hulle snags goed aan die vleis
help. Dit alles beteken by 'n Boesman niks; en solank daar maar nog
'n ietsie is, hou hul aan. Om hulle dors intussen te les, suig hul
die maagsappe van die wildstuk deur 'n rietjie--wat natuurlik vir
ons witmense baie walglik lyk.
Hoor tog hoe ons aan die leeuvel gekom het!
Dit is 'n bekende feit dat as 'n leeu oud word, dan word sy tande
baie sleg; en dan kan hy nie meer so goed wild vang nie. Hy word dan
'n menseter. Menige Boesman of sy vrou of sy kind het die slagoffer
van so 'n leeu geword; want Boesmans, as hul slaap of so, is makliker
om in hande te kry as die wild wat gedurig onrustig en waaksaam is.
Een van die Boesmans het geweet waar sodanige leeu te vinde is. Hy
vra toe 'n ou broek en baadjie van my pa. Toe hy naby die plek was,
stop hy die klere vol gras en bossies, sodat dit lyk of dit 'n regtige
manspersoon is; hy plaas toe die opgestopte man onder 'n boom en laat
die jagters bo in die boom met hulle gewere klim. Hy self stap toe na
die plek om die leeu op te soek. Dit geluk hom om die leeu gou en daar
naby te vind. Nou sal jy jou verwonder hoe listig die Boesmans die
leeu na die boom toe lei waar die graspop staan en waar die jagters
vir hom afwag.
Dit het nie lank geneem nie, of die leeu sien die pop; hy bekruip
dit, en daarop word dit deur hom bestorm. En net toe hy besig was om
die pop te pak, gee my vader die leeu 'n doodskot; en hy was toe ons
syne. Dit was toe 'n groot vreugde; want ons was bly om die vel en
naels te kry, en die Boesmans was in hulle knoppies om te weet dat
hul een vyand minder het, en ook om die vleis te kry.
Ja, dit gaan gouer om die storie te vertel as om die gebeurtenisse
deur te maak.
Ek het 'n Boesman wel goed geken, maar daar in die vrye natuur het
ek baie meer van sy doen en late geleer. Dis wel 'n groot wonder dat
in ons tyd daar nog sulke mense op aarde is--wesens wat hul partykeer
kan gedra soos mense en plek-plek weer soos redelose diere.
NO. 81.
'N KOMMANDO TEEN BOESMANS.
OPMEKINGS:--Hierdie verhaal is deur ds. W. S. Rörich aan
ons gestuur en beskryf die aanleiding tot die veldtog en die
voortsetting van die beleg van die vesting van die Boesmans.
Ou oom Andries B------ vertel hierdie verhaal:--
Ek was skaars sestien jaar oud, toe kom daar berig van die dorp
Piketberg dat ons maar self 'n kommando moet vorm om die Boesmans
te gaan vang of skiet; want die Goewerment kon ons daarmee nie help
nie. My oorlede vader was toe net veldkornet van ons wyk, distrik
Namakwaland. Ek moes toe orals rondry om die burgers op te kommandeer
om deel aan hierdie veldtog te neem. Die volgende week vertrek die
kommando na Boesmanland toe. Die trek het uit verskeie waens met kos,
kooigoed, gereedskap, en nog ander benodigdhede, soos ammuniesie en
roers, bestaan.
Die Boesmans het in die laaste tyd in daardie dae baie astrant
geword. Hulle kom met klein klompies en ja voor die neus van die
wagters klompies vee weg. Vandeesweek is dit hier, en ander week is
dit weer daar; so is een plaas ná die ander stilletjies en onverwags
verras en beroof, en wel op so 'n skelm manier dat 'n witmens hul
nooit sien nie. Dit het van kwaad tot erger gegaan, sodat die rowery
nie meer kon toegelaat word nie; en ons moes maar met toestemming
van die Goewerment trag om 'n einde aan die strooptogte te maak. En
ons het dit vir 'n tyd reggekry.
Ons het by ons 'n paar mak Boesmans gehad wat by ons groot geword
het; hulle was in my tyd al groot volk en het die name van Geswind en
Volmink gehad. Hulle was baie getrou in hulle diens en fluks daarby. Pa
stuur hul nakend en gewapen met pyle en boog vooruit om uit te snuffel
waar die trop wilde Boesmans hou. Om hierdie rede moes hul vir hulle
ook as wilde Boesmans voordoen, alles uitpluis, en weer kom vertel;
dan kry elkeen daarvoor 'n jong vers as beloning.
Toe ons by Namies al verby was--ek meen dit was die sesde dag ná ons
vertrek--, toe kom ons twee spioene die aand terug. Hulle was waarlik
vaal van die honger; want hulle kon nie met al die soorte kos van die
Boesmans klaarkom nie, en hul moes ook baie hardloop om weer veilig
te wees. Hulle bring die berig terug dat die wilde Boesmans skuil in
'n spelonk onder 'n krans in 'n klipkoppie. Ons ruk toe met alle
mag op daarheen. Die plek was nie alte ver van Grootrivier af nie;
dus kon ons genoeg water kry as die affêre lank mag duur.
My pa verdeel die 200 man in twee afdelings: Die een afdeling moet
ver omry en die kop van Grootrivier se kant af nader; die ander moes
van die suidekant opruk, waardeur die kop omsingel word. Onderwyl
kom sommige van ons jongkêreltjies en volk met die waens aan. Ons
trek toe omtrent 'n 500 tree van die kop af in laer. Daarop word 'n
soort van krygsraad gehou om 'n werkplan vas te stel, sodat elkeen
kon weet wat te doen en wat nie te doen nie.
Aan die westekant van die koppie was 'n krans met die klipgate
daarin; aan die oostekant om en suid was die koppie ru en met groot
ysterkliprotse bestrooi; laer op die voet was dit met doringbossies
begroei. In daardie hol krans was na skatting 'n sestig Boesmans
woonagtig.
Die krygsraad kom tot die besluit dat die enigste manier om die
Boesmans in hande te kry, is om die koppie nag en dag met wagte te
omsingel en sodoende hul met honger en dors tot oorgawe te dwing.
Dit is 'n bekende feit dat 'n Boesman in 'n geveg nooit te voorskyn
sal kom nie: sy wapens van verdediging is nie daarna nie; want hoe
ver kan sy boog en pyl skiet? Daarom moet hy sy vyand naby laat kom
om hom met 'n betreklik stomp harpoen die doodskot te gee. En dan
besit hy hiervoor so baie fyn planne. Ook as 'n Boesman nog maar net
een gifpyl in hande het, dan is hy nog gevaarliker as die giftigste
slang. En misskiet--! Dit doen en kan hy nie.
My oorlede vader sorg toe dat omtrent twintig wagte die kop gedurig
omsingel en bewaak. Hulle word natuurlik op gereëlde tye deur andere
afgelos; dus was dit haas onmoontlik vir die Boesmans om in die dag
of nag te ontvlug. Maar wat hul gedoen het, sal ons later hoor.
Daar was gelukkig baie vyeboshout om gedurende die nag die groot vure
aan gang te hou; en dit was die werk van ons jongspan om hout aan
te dra en water uit die Grootrivier aan te ry. Verder gaan ons jag;
want daar was 'n menigte duikers, steenbokke en patryse. Ek alleen
het in daardie tyd ag duikers geskiet, en praat nie van die menigte
wat my maats omgekap het nie. Dit het toe eintlik my werk geword
om duikerboudjies in te sout en droog te maak. Ek het later goed
'n vyftig drooggemaakte wildsboudjies om huis-toe te neem.
Dit was vir my 'n baie lekker tyd daar--ek kan amper sê die lekkerste
tyd wat ek op 'n vreemde plek deurgebring het.
Die omsingeling duur langer as ons verwag het; dus het die grootmense
ook met hulself opgeskeep geraak; want hulle kry niks anders te
doen as pyp-rook, pruim en koffie-drink nie. Later het dit op hoog-
en vèrspring uitgeloop; verder was dit resiesloop, jukskei-gooi,
tou-trek, en nog meer ander speletjies. Die tyd is ook nog kort gemaak
deur stories te vertel, en wel soms daar waar gerook en koffie gedrink
word, of saans om die veldvuurtjies. Toe kon 'n mens stories van die
ou dae hoor--stories wat al amper vergeet was. Ja, sulke tye maak
'n wonderlike indruk op 'n mens: jy hoor stories wat jou bybly tot
die laaste dag van jou volle verstand. 'n Baasspelerige man word jou
vyand, en daar maak jy by sulke geleenthede vrinde wat jy nooit weer
vergeet nie, en wat jy miskien nooit weer sien nie.
Maar wat die wonderlikste van die hele gedoente is, is die stilte
wat daar onder die hol krans heers. 'n Mens hoor geen kind huil of
skree nie. En as die twee spioene nie die versekering gebring het
dat hulle (die Boesmans) daar is nie, dan sou niemand geweet het
dat hul wel deeglik daar is nie, en wel ten getalle van ongeveer
'n sestig. En dis lig te begryp dat die vraag oor en oor gestel is:
"Maar waar is hulle? Hoekom sien ons niks nie?"
(Word vervolg onder No. 82.)
NO. 82.
HOE DAARDIE VELDTOG GEËINDIG HET.
OPMEKINGS:--Hierdie verhaal is die vervolg van die vorige (No. 81).
Die vierde dag is die stilte gebreek. Drie skote val tegelyk. Almal
gryp na hulle roers en roep uit: "Wat is dit? Het julle Boesmans
gesien?"
Die wagte wat geskiet het, vertel dat hul Boesmans onder die krans
sien uitloer het, dat hul gelyk korrel gevat en gelyk geskiet het;
en hulle meen dit moet raak wees, daar hul te goed korrel gevat het.
Van toe af word alles eens so stil--geen geluid of stem word daar in
die koppie gehoor nie. Ons mense word toe al meer en meer onverskillig
en stap toe al 'n honderd tree voor die krans perdgerus verby; want
hulle word aan daardie rustigheid onder die Boesmans gewend. Ja,
sommige begin toe selfs al te praat om maar terug huis-toe te gaan,
daar dit bitter vervelig word om aldag net na die dooie kranse te
kyk sonder om iets te gewaar.
Die volgende dag kom daar weer 'n afwisseling. Hierdie slag het
twee Boesmans onder die krans uitgespring, tussen die groot kliprotse
ingevlug, en daar nes dassies verdwyn. Toe dreun dit soos geskiet word;
maar geeneen weet of dit raak is of nie.
Die sesde dag maak ons mense plan om die kop te storm. Maar hoe in die
naam van moontlikheid gaan ons dit doen? Want die groot rotsblokke
lê so deurmekaar teen die koppie dat ons plek-plek gebuk moet loop,
dan weer op hande en knieë gaan, en enkele plekke gladenal op ons
maag moet seil. En hoe sal die Boesmans dan nie met ons werk nie?
Toe gee my pa order om groot dragte bossies in bondels van ses voet
lank en so hoog as 'n tafel vas te knoop. Drie man moet dan agter so
'n bondel gaan lê en dit na die krans voortrol. Durf iemand waag om net
effe bo-oor die bondel te loer, dan gons die pyle op daardie drag hout,
en hy moet net rats wees om sy kop gou weer terug te trek en te koes;
want geen enkele pyl gaan oorheen nie. Mensig, so 'n Boesman kan net
skiet! As jy die boogsnaar hoor klink, dan klap die pyl hier by jou
in die bondel hout. Lig jy jou hoed met 'n stok hoër as die bondel,
dan klap die pyle daarteen.
Hierdie plan met die dragte bossies was om die Boesmans te noodsaak
om hulle voorraad van pyle op te skiet, en was 'n pure krygslis.
En dit het amper 'n hele dag so aangehou. Ons mense begin toe al
afgemat van honger en dors te voel; want hul was later so ná aan
die krans dat niemand dit sou waag om vir hulle daar kos en water
te gaan bring nie. Sommige begin uit te roep dat kramp in hulle bene
hul beetpak.
Ons vind toe uit dat ons mense toe in 'n moeilike posiesie gewikkel
is; want om met, of sonder, die bondels bossies te retireer, val nie
aan te dink nie. Ek sien toe dat ons mense werklik ten einde raad is.
Ek sê toe somar uit 'n grap: "Kan pa dan nie die koppie aan brand
steek nie?"
"My kleinjong, jy het nog die beste raad," antwoord hy.
Dadelik kom die orders dat ons dik wortels van droë vyebossies agter
die kop moet omdra en dat die wagte gedurig in die krans moet skiet. Op
dié manier kry ons kans om die stompe tot bo-op die krans reg bokant
die gate te dra. 'n Paar begin 'n groot vuur aan te steek; en toe
daar genoeg kole en brandende stompe was, stoot hul die brandende
massa die krans af, en dit val vlak voor die gate. Verder stort hul
nog meer brandstof af om onder 'n groot vuur te laat ontvlam. Daarop
staan 'n 200 man 'n 150 tree van die gate af gereed om òm te kap wat
nie wil oorgee nie.
Dit duur toe ook nie lank nie, of 'n klomp Boesmans bars deur die
vuur, berg-af. Toe dreun dit soos die skote val. Een het die moed
gehad om tussen die rotse deur te vleg en kom vry deur die wagte;
want geen koeël kon hom raak nie, daar hy te gou en te rats was. Die
vuur-maak het amper 'n halwe dag aangehou; die hitte en rookdamp moes
straf gewees het.
Die volgende dag vra pa vrywilligers om die gat te storm. Dadelik
was 'n hele klomp mans gereed en kom vorentoe. Maar pa kies toe net
vier uit. Tien ander staan toe klaar om op die gate te skiet sodra
'n Boesman hom maar effentjies vertoon. Naderhand was die vier man
vlak voor die gat. Dit het tyd geneem om daar te kom, want die opklim
en deurkruip het swaar gegaan.
Daar spring toe weer vier Boesmans by hulle verby, ook berg-af. Die
tien man haal toe twee Boesmans neer; een glip verby en raak nes
'n groot speld tussen die rotse weg; en die ander het hul lewendig
gevang. In die gat vind hul vier dood, wat gewond en ook deur die
vuur gebrand was. Ons het dus van omtrent 'n sestig Boesmans net
skaars tien dooies en een lewendige gevind.
Ons gaan toe verder die koppie deursnuffel en vind toe op sandplekke
baie spore en handdrukke soos die Boesmans deur die wagte deurgekruip
het--maar hoe en wanneer kan niemand verklaar nie.
Baie mense noem soiets Boesman-oorlog; maar ek noem dit Boesman-jag. En
dit kan ek hier byvoeg: Ek ken leeu- en tierjag baie goed; maar ek
verkies liewers tienmaal leeus en tiere te gaan skiet as om eenmaal
Boesmans te jag. Want hulle is ook mos mense met verstand--hoe min
dit ook al mag wees--, daar hulle die wonderlikste planne kan maak,
waarvan 'n dier niks afweet nie. Op vyftig tree afstand is 'n Boesman
'n gevaarlike mannetjie; en wat hom nog gevaarliker maak, is dat hy
geen genade verleen nie, en ook geen genade verwag nie. Ek moet erken
dat ek vir 'n gewapende Boesman wat wegkruip, net baie bang is.
Dit was 'n naarheid om die dooies, en selfs die een wat ons gevang het,
te sien. Hulle het 'n indrukwekkende vertoning met hulle vaal velle,
gerimpelde gelaat en ingekrimpte maagvel gemaak. Ek sal die gesig
nooit vergeet nie. En as hul vir hulle weer ooreet het, dan kan die
maagvel weer so verbasend uitrek en styfspan. Wat iemand dadelik
tref, is hulle muisoortjies, klein handjies, strykystervoetjies,
peperkorrelhare, en die neusgaatjies sonder 'n behoorlike neus--ja,
hulle hele liggaamsbou is wonderlik.
Ons het die Boesman wat ons gevang het, kos en water gegee. Die meeste
van ons het die Boesmantaal geken en kon dus met hom praat. Later
was hy tevrede om by ons te kom woon en het ingestem om met ons mee
te gaan.
Omdat ek die raad van die vuurmaak gegee het, sê oorlede pa dat ek
hom moet erf. Ek het hom toe by my geneem en het hom die naam van
Vuurmaak gegee. Hy word toe baie aan my geheg, en hy het later een
van my getrouste en beste volk geword. Ek kon altyd op hom reken. Hy
is by my dood; en daar ons weens sy getrouheid aan hom so geheg was,
het ons hom in die kerkhof begrawe.
By dié geleentheid het ons daar by die koppie baie boë en pyle opgetel
en dit meegebring. Ons het die mooistes en bestes daarvan uitgesoek
en Kaapstad-toe gestuur.
Ná ons die veldtog teen die Boesmans uitgevoer het, het die
veediefstalle daar in die buurte vir 'n baie lang tyd opgehou; want
soos ons later verneem het, het die Boesmans wat met hulle gesinne
ontvlug en vrygekom het, oor Grootrivier die Kalaharie ingevlug en
het hulle stof nie weer gou suid van Grootrivier laat waai nie.
NO. 83.
DIE WRAAK VAN 'N BOESMAN.
OPMEKINGS:--Hierdie verhaal het oom Tys B---- ons in 1884 vertel.
Dit was in die ou dae toe die mense reeds op hulle plase woon. In
Transvaal was nog baie Boesmans--vernaamlik op die Hoëveld en in
streke waar nie Kaffers gewoon het nie. Verskeie gesinne het by die
boere kom woon, en so was op my oorlede vader se plaas ook 'n paar
huisgesinne. Die mansvolk het met die vee gehelp, en van die jong
meide het ons in die huis gebruik.
Die witmense het maar nog dun die land bewoon; dus was ons bure omtrent
'n uur te perd van ons af. Een van ons bure het 'n uitgegroeide seun
gehad, wat die hele boerdery van sy ou vader op hom geneem het. Sy
naam was Koos. Hy het 'n groot aanleg gehad vir tuinmaak en om iets
aan te plant. So was daar 'n fontein teen 'n lae skurwe randjie, en
daar het hy 'n klipmuur gepak om daarin tuin te maak, soos b.v. die
aanplant van groente, waatlemoene, en vroeë mielies om groen te eet.
Hy het al lankal gemerk dat sy tuin stilletjies besoekers kry; en
dan word sy goed soms baie verniel, soos deur die stukkendsny van
waatlemoene en wegdra van groen mielies. Maar wie dit is, kon hy maar
nie uitvind nie, daar hy daar geen spore vind nie.
Eendag het hy weer in die tuin, omtrent 800 of 1,000 tree van die
woonhuis af, gewerk; die son was warm, en hy wou eers 'n bietjie
uitrus voor hy na huis vir sy middagete stap. Hy gaan onder 'n boompie
in die koelte lê. Hy het daar nie te lank gelê nie, of hier klim 'n
Boesman oor die tuinmuur. Koos wag sy kans af; dog die Boesman het
hom te gou gewaar, en Koos storm hom. Die Boesman gooi met 'n klip
na Koos, en met die wegkeer tref hy die baas op die linkerhand. Koos
gryp toe ook 'n klip en tref die Boesman teen die kop net toe hy oor
die muur klouter. Hy val anderkant, en die bloed stroom uit die wond;
dog dit het hom nie 'n gedugte pak slae met 'n kierie gespaar nie.
Die Boesman het 'n rukkie gelê, maar staan toe op en stap die lae
randjie uit; en toe hy bo-op staan, roep hy in gebroke Afrikaans uit:
"Pas op vir jou waar ons mekaar kry."
Koos het pyn in die hand en stap huis-toe.
Dieselfde agtermiddag kom oom Tys daar, en toe hoor hy wat plaasgevind
het. Hulle almal het suspiesie op een van sy woon-Boesmans, en hulle
besluit om die saak verder te ondersoek; want dis vir Koos nie veilig
om in die veld rond te gaan solank daardie Boesman vry rondloop nie.
Die anderdagoggend vroeg was Koos volgens afspraak by oom Tys op die
werf; hulle gaan na die Boesmanstatjie, roep algar, en vind toe uit
dat dit nie een van hulle is nie, maar wel Boesmans wat nog wild
in die veld rondloop. Dit maak die saak vir Koos niks beter nie:
sy lewe bly maar in gevaar.
'n Week en nog 'n week het gekom en gegaan, en daar was nie die minste
teken van onrus nie. Maar een namiddag het Koos se span trekosse
onopgemerk opsy gegaan, en teensteaand--voor sononder--kom een van
Koos se volk en sê dat 'n klompie Boesmans met die osse voortgegaan is.
Soos 'n geluk by 'n ongeluk soms opdaag, het dieselfde dag 'n stuk of
tien burgers bymekaargekom om ook Boesmans op te spoor wat skape van
'n ander buurman weggevoer het. Koos saal sy perd op en ry na die
plek toe en kom laat die aand by die plaas aan waar die gewapende
burgers is; hulle was gereed om die volgende oggend te vertrek, daar
die diefstal van osse makliker is om uit te vind as van kleinvee. Die
oogmerk van die onderneming was die vang van die diewe.
Hulle neem toe van die mak Boesmans mee om spoor te hou. Ná die hele
voormiddag te gery het, kom hul op 'n plek waar daar baie randjies,
klowe en kranse is. Hulle sien van die osse in die verte wei. Dog
voor hul op die plek was, het die Boesmans al die osse met gifpyle
doodgeskiet. Van die Boesmans het hul net een 'n houtbossie sien
inhardloop.
Wel, geen verstandige mens sal daaraan dink om Boesmans in sulke
gramadoelas te gaan opsoek nie. Daar lê die osse almal dood, en met
gifpyle geskiet; geen witmens sal nou daarvan eet nie. Die kommandotjie
draai om om raad te gaan hou en planne te maak. Hulle het tot die
besluit gekom om van hulle Boesmans te stuur om die woonplek van die
Boesmans te gaan opsoek. As hul daar kom, moet hul ook maak of hulle
aan vlug is, en dan moet hul die praatjie versprei dat die Boere en
Kaffers met honde en wat nie al nie 'n groot kommando opmaak om hul
te omsingel en uit te moor.
Die mak Boesmans het hulle werk goed gedoen; want die ganse pakasie
is in aller haas gevlug, en, na vertel word, het hul in die rigting
van die Lydenburgse berge getrek; dog niemand het met sekerheid kon
sê waarheen hulle gegaan was nie; maar daar het stilte en rus in die
ou buurte gekom.
'n Paar jaar het so verbygegaan sonder enige las van Boesmans. En
in een van die winters het Koos met sy vee die Bosveld ingetrek om
daar onder êrens langs Olifantsrivier te gaan staan. Oom Tys het toe
ook saam Bosveld-toe getrek en het nie ver van Koos se staanplek sy
veewerf gemaak nie.
Eendag was Koos in die veld om 'n bokkie te gaan skiet. 'n Heuningvoël
kom hom teë, en Koos volg die voëltjie om te gaan kyk waar die bynes
sit. Die voëltjie lei hom na 'n randjie, wat maar laag, dog steil
aan die agterkant is. Hy haak die ryperd aan 'n boom aan die voet
van die randjie vas en volg die voëltjie, wat toe al begin te kloek,
'n teken dat die bynes hier naby is.
Op die randjie kon Koos die bye agter groot rotse hoor gons. Toe hy
om die rotse kom, staan hy so te sê bors aan bors met die Boesman
wat hom die dood voor die oë geskilder het. Daar hy moes rondklouter,
het hy sy geweer by sy perd agtergelaat.
"A, nou het ek jou! Het ek nie vir jou gesê om uit my pad te bly
nie?" roep die Boesman in triomf uit.
Hy het nog 'n maat by hom gehad; maar met die oopbreek van die bynes
het 'n stuk rots losgebreek en op die maat se voet geval, en hy sit
daaraan in smarte te dokter. Hulle pyle en boë lê daar op die grond,
en die bekende Boesman staan met 'n Kaffer se steekasgaai klaar.
"Kom, trek jou uit, nakend, dat ek vir jou met tyd kan moor," sê die
een in gebroke taal toe hy die asgaai reg vat in sy hand.
Die gewonde Boesman sit sy pyle en boog klaar, net om te vat en
te skiet.
Koos was lam geskrik; maar hy vererg hom oor die brutaliteit, en hy
herwin daardeur sy teenwoordigheid van gees en maak of hy sy klere los
knoop; maar dit is net om plan te maak, want daar is twee gevaarlike
vyande wat gereed staan. Die een met die seer voet bly sit, want hy
kan sittende net so goed as staande skiet.
"Toe, toe, moenie nog so lank maak nie!" roep die wraaksugtige Boesman
weer in gebroke taal uit, en hy steek met die skerp punt van die
asgaai in die dik vleis van Koos om hom haastig te maak.
Koos draai hom dat hy die twee in 'n lyn met hom het, en meteens roep
hy uit en wys oor hulle koppe heen: "Hier is hulle; toe skiet!"
Die twee kyk waar Koos wys. Met die uitroep van die woorde pak hy
die asgaai uit die hand van die Boesman en druk hom oor dat hy op
die gewonde val, want albei het toe ander pad as na hom gekyk. Gou
steek hy albei dood eer hul hom iets kon doen.
Ná hul twee dood was, het Koos vir oom Tys gaan roep en gevra wat
te doen. Ná oom Tys alles deurgekyk het, het die twee belowe om nie
'n woord daarvan te praat nie. En noudat Koos dood is, vertel oom
Tys die ware gebeurtenis; en niemand blameer Koos vir moord nie.
NO. 84.
BOESMANS BY CHRISSIESMEER.
OPMEKINGS:--Die verhaal omtrent die opspoor van die Boesmans is
aan ons deur oom Louw P---- en sy vrou vertel.
Chrissiesmeer is geleë in die Ermelo-distrik, Transvaal, en is die
grootste pan of meer in Suid-Afrika. Daar het in die vroeër dae baie
Boesmans in die nabyheid gewoon, en vandag nog word daar Boesmans
op die boerplase aangetref. Hulle is nou natuurlik mak en is in die
diens van die mense daar.
In 1883, toe ons vir die eerste maal met Transvaal kennis maak, het
nog oor die hele Hoëveld op baie plase Boesman-huisgesinne gewoon. En
vandag tref ons hul haas nie meer aan nie. Dood of uitgemoor is hul
nie; maar baie, of die meeste meide is met Kaffers getroud, terwyl
Kaffermeide so nooit 'n Boesman vir 'n man wil hê nie. Maar tog is
daar nog hier en daar Boesmans wat Boesman-meide vir vrouens het.
Die Transvaalse Boesman, net soos al die ander van hulle nasie,
het baie skade onder die vee van die Kaffers en later weer van die
Boere aangerig. Oor hierdie slegte gewoonte van hulle is hul hier,
net soos maar op ander plekke, aanmerklik uitgedun.
Oom Louw vertel dat in die ou dae daar by hulle by Chrissiesmeer
baie Boesmans gewoon het; almal het op die boerplase gewoon, behalwe
wildes, wat in die klowe in die rigting van Swasieland gevestig
was. Die Boesmans het toe nie meer met gifpyle geskiet nie. Dis
miskien daaraan toe te skrywe dat hul die gif nie hier kon kry nie,
of dat hulle base hul dit ten strengste verbied het om met gifpyle
te jag. Daarom het hul wild met wippe, strikke, maar meestal met
vanggate in hande gekry. Hulle het die gewoonte gehad om skerp penne
onder in die vanggate só te plaas dat as die wildding daarin val,
die pen dan in die ingewande van die gevange dier steek. Die vanggate,
en ook die wippe en strikke vir wild, het later 'n gevaar vir die vee
van die boere geword; dus moes die Boesmans dié soort liefhebbery
ook opgee. Hulle is toe met dwangmaatreëls gebinde om meer beskaaf
te wees--tenminste, om net soos die Kaffers op die boerplase te
lewe. Hieraan het die Boesmans gou gewend geraak; en hulle het so
handig geword om met vee, met ploeë en wa-drywe om te gaan as enige
Kaffer sou dink om te kan doen; net swaar liggaamswerk kon hy nie
verrig nie.
By 'n sekere geleentheid in daardie dae was daar Nagmaal, en al die
bure het kerk-toe gegaan. Ná hulle teruggekom het, vermis een van
die bure sewentien van sy skape. Hy het orals in die veld rondgesoek,
maar vind hulle nie; en die mense kry suspiese op die wilde Boesmans
wat aan die bopunt van die Soetoerivier woon. Ná noukeurige ondersoek
ingestel te hê, word hul in hulle vermoeding gesterk.
Die veldkornet roep toe van die burgers op om die diewe te gaan vang
en om die Boesmans se vesting langs die Seotoerivier te gaan vernietig.
Toe hul op die plek kom, sien hul klein mielietuintjies en bemerk somar
dat dié nie van Kaffers was nie; want die landjies was baie klein,
en bowendien woon daar toe ook geen Kaffers in die hele nabyheid
nie. Hulle omsingel die tuine en vind daar twee jong Boesmans in
wat daar weggekruip het. Van hierdie twee het die veldkornet alle
informasie gekry wat hy nodig gehad het; en die twee erken dat hulle
skape gesteel en algar saamgeëet het, maar vertel dat die twee diewe
verderaf langs die rivier woon. Die veldkornet gebied hul om die plek
te gaan wys. Ook hierdie plek word omsingel, en sonder baie moeite
of enige geveg gee al die Boesmans hul aan die veldkornet oor. Hulle
kry die versekering dat daar nie meer Boesmans is nie.
Die veldkornet het die twee diewe aan die poliesie oorhandig; maar
die ander wat algar medepligtig was aan die eet van die vleis, het hy
nie tronk-toe gestuur nie, maar hul die kans gegee om by die boere op
die plase te gaan woon. Hulle het toe hulle base gekies, of die base
het vir hulle gekies; en so is hulle verdeel en die diewenes opgebreek.
Die boere het hul toe in diens geneem en goed kos gegee, nes aan
hulle ander werkvolk. Maar dit was te wonderlik watter soort veldkos
hul nog gaan by soek het. Die meide neem stokke, druk dié in horings
met skerp punte, steek die stok dan deur 'n ronde klip met 'n hol gat
daarin, en grawe daarmee euntjies en ander wortels. Of hul neem 'n
krom horinkie, druk dit aan die voorpunt van 'n stok, en ert daarmee
wurms op wat deur hul as 'n lekkerny beskou word.
Daar was in daardie dae volop wild, en die mense het gereeld vir hulle
eie gebruik en vir hulle volk geskiet; dog die Boesman, so klein as
hy is, eet meer as die groot volk en is nie versadig voor en aleer
sy maag vel soos 'n tamboer staan nie.
Daardie Boesmans het net 'n kort tyd by die mense gebly, en op een
en dieselfde dag is hulle spoorloos verdwyn--en nugter alleen weet
waarheen.
NO. 85.
KALMTE IN GEVAAR IS DIE BESTE RAADSMAN.
OPMEKINGS:--Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur die man wat
die betrokke seun in die gebeurtenis was. Sy ouers het in later
jare in Transvaal gewoon.
Kort ná die burgers van die Vrystaat op hulle plase gaan woon het,
het die volgende gebeurtenis plaasgevind.
'n Man en sy vrou--albei nog maar sowat sewen-en-twintig jaar oud--het
uit die Oostelike Provinsie van die ou Kolonie na die Vrystaat toe
getrek. Hulle het 'n seuntjie van drie jaar en 'n dogtertjie van
'n jaar oud gehad en gaan toe êrens in die Vrystaat woon.
Hulle het 'n Boesman gehad wat met hulle saam opgegroei het. Hy was
so vertroubaar as een van die famielie. Hy was dan ook, so te sê,
die regterhand van sy jong baas en het vir sy perde, melkkoeie en
ander goed op die werf gesorg.
Eendag moes sy baas onverwags op besigheid na Bloemfontein toe en
sou twee dae en twee nagte moet uitbly. Daar was niemand anders op
die plaas nie as Oortjies (dit was die naam van die Boesman) en sy
twee Basoetoe-veewagters, wat snags by hulle strooihuise, 'n goeie
ent van die werf af, slaap. Daar het wel 'n publieke pad by die werf
verbygegaan, maar tog was daarlangs nie so 'n groot gery nie.
So het die man met sy vertrek aan Oortjies al die werkies opgedra en
hom mooi vertel dat die nôi hom verder sal sê wat hy moet doen as daar
iets noodsaakliks mag voorval. Daarop vertrek die man Bloemfontein-toe.
Volgens afspraak tussen man en vrou, moes Oortjies gou oor hardloop
om die oudste broer van die vrou te gaan vra om vir die paar dae self
oor te kom of om sy seun te stuur, daar die vrou anders onbeskermd
en alleen op die plaas sou agterbly.
Oortjies het gegaan en kom ná sononder terug met 'n boodskap waaruit
sy nôi kop nog stert kon maak. Die ware toedrag van die saak is:
Oortjies was nooit op die plaas van die broer nie, daar hy ander planne
gehad het, nl. om die geld van sy baas te roof en daarmee te vlug. Hy
het al in die laaste maande nie meer so fluks gewees as sy baas en
nôi van hom gewoond was nie. Daardie aand het hy ook die diere op
'n manier versorg en het sy ander werkies halfhartig en half verrig.
Dit neem nie lank vir 'n vrou om 'n ding raak te sien nie; maar om
kalm onder sulke omstandighede te bly, is glad 'n ander ding. Maar sy
was van dié soort wat kalm kan bly, en daarby was sy fris gebou. Sy
slaan ieder beweging van die Boesman gade, maar laat egter niks merk
dat sy baie onrustig voel nie.
Sy sê toe aan hom: "Oortjies, jy moet buite alles mooi reg hou,
want nou is jy op die werf baas; moenie dat daar iets verkeerd wees
as die baas tuiskom nie!"
Dadelik werp hy teë: "Ek is nou nie alleen baas op die werf nie,
maar ook in die huis. Nôi en die kinders kan vannag in die vry kamer
gaan slaap, en ek wil in my baas se veerbed gaan inkruip."
Hierdie woorde rol soos stukkies ys agter haar rug af; dog sy laat
nie die minste teken van ontsteltenis op haar gesig toe nie: sy gaan
maar haar gewone gang en maak net plan. Sy gee haar kinders vroeg kos,
sodat sy haar ook vroeg met hulle in die kamer kan opsluit om vry van
die Boesman te wees. Sy neem die geld ongemerk uit die slaapkamer en
steek dit by haar in die vry kamer weg; ook het sy die handbyl met
haar in die kamer geneem.
Hy het die baas se pyp en tabak gevra en 'n lang vetkers en is
daarmee na die slaapkamer gegaan, en hy trek die deur agter hom
toe. Die vrou het op die daad in haar kamer gegaan; sy sien hoe lief
haar twee kinders slaap, en gee ieder 'n paar hartlike soentjies. Sy
trek haar nie uit nie, en laat haar kers brand; onderwyl bly sy in 'n
leuningstoel sit. Haar hart klop in haar keel, en verwarde gedagtes
rol oormekaar deur haar kop; maar sy neem haar vas voor om kalm te
bly, om nie 'n verkeerde stap te doen nie. Sy hoor hoe Oortjies in
haar slaapkamer te kere gaan om kiste en katels heen en weer te trek
en te stoot. Sy het daar niks toegesluit nie, anders sou Oortjies
alles flenters gebreek het. Tot die wa se voorkis, waarin die geld
en ander waarde gesluit was, is oop; al die waarde is nou by haar in
die kamer waar sy en haar twee kindertjies is. Die kinders word van
die rumoer nie wakker nie, maar slaap lief en lekker.
Die rumoer word stil, en sy kan hoor dat die Boesman hom op die katel
neergooi--om te rus, om planne te maak, of om te rook. Sy kry meteens
'n gril! Sy het al die voorsorg geneem en tog het sy die geweer in
die eetkamer vergeet! Maar 'n mens kan in so 'n benoude tyd tog nie
oor alles dink nie. Sy stap na haar deur toe en kyk nogmaals of dit
goed gesluit is; daarna ondersoek sy die venster en druk die skuifie
so vas as maar kan.
Die Boesman staan toe van die bed op en kom na haar deur toe en roep
op 'n soebattoon uit: "Nôi, moenie bang wees dat ek vir jou en die
kinders sal vermoor nie; ek wil net die geld hê--verder sal ek jou
nie pla nie."
"Toe, Oortjies, loop slaap! Moenie by my kamerdeur kom lol nie;
ek is moeg en wil ook slaap. Netnou maak jy die kinders wakker,
en dan sit ek met hulle opgeskeep." Dit sê sy om haar grote angs te
verberg. Dog sy begin al hoofpyn te kry van al die ontsteltenis.
Dit lyk toe of hierdie kalm antwoord vir Oortjies laat dink het,
want hy stap weer terug en gaan op die bed lê en prakseer. Maar sy
wilde natuur por hom aan, en hy spring op om die vrou hierdie keer
met dreigemente die skrik op die lyf te ja, en hy stamp aan haar
kamerdeur en roep uit: "As nôi nie nou die deur oopmaak en die geld
vir my gee nie, dan gaan ek die byl haal en kap die deur oop en vat
al die geld. Ag nôi, toe gee my 'n handvol geld; die ander kan jy
maar vir julle hou."
Daar kom geen antwoord nie, en Oortjies stap na die kombuis toe om
die byl te gaan haal; maar toe hy dit daar nie vind nie, kry hy die
roer in die eetkamer en wou met die kolf daarvan die deur oopstamp.
Toe roep die vrou uit: "Ek het die handbyl hier; en as jy durf jou
kop in my kamer insteek, dan splyt ek dit middeldeur."
Oortjies ken sy nôi en weet dat sy doen wat sy sê; dus het hy sy
planne opgegee, het die roer, kruit en koeëls gevat en het daarmee
die vlug geneem en is tot vandag nog weg.
Maar dit het die vrou in die toegesluite kamer nog nie geweet nie.
Dit raak toe doodstil in die huis. Dit was 'n platdak-huis met 'n laag
brakgrond op die dak om die water uit te hou; dus is daar geen kans
om van een kamer na die ander oor te klim nie. Die gevaar is dat hy
deur die venster en deur met die geweer op hulle kan skiet. Sy maak
'n bed in die hoek van die kamer, tel haar slapende kindertjies op
en lê hul daarop neer, en sy gaan naas hul op die kermisbed lê en
luister en wag op wat gaan gebeur.
Die stilte duur voort. Eers kon sy nie slaap nie, maar sluimer later
tog in, want die Boesman moet tog eers 'n rumoer maak eer hy kan inkom.
Die oggend toe die son uitkom en die twee Basoetoe-wagters die vee
kom haal, het sy maar stilgebly, om verder gevaar af te weer. Toe hul
in die veld was, het sy die huis toegesluit en met haar twee kinders
na die plaas van haar oudste broer gevlug.
Maar hoe 'n vlug was dit? Sy moes 'n uur te voet die jongste kind
van 'n jaar oud dra, en plek-plek die kind van drie jaar ook. Die
twee onskuldige kinders het toe glad nie geweet of verstaan dat dit
'n vlugtery was nie, want hul het die hele nag soet deurgeslaap;
die jongste een het wel tweemaal in die nag wakker geword om melk te
drink, maar het dadelik weer aan slaap geval sonder eens te weet in
watter angs hulle arme moeder verkeer het.
NO. 86.
VEG BOESMANS OOK ONDER MEKAAR?
OPMEKINGS:--Ons maak hier kennis met 'n heel interessante ou
skepsel, outa Bles, wat tussen tagtig en neentig jaar oud was.
Dit was in die jaar 1882, toe sit ons een aand ná sononder op ons
stoep op Calvinia. Onderwyl stap daar 'n ou Boesman voor die deur
verby. Sy sonderlinge postuur en houding tref ons, en ons slaan
noukeurig ag op hom. Hy merk dit, groet, en hy stap nader en vra 'n
pruimpie tabak. By dié geleentheid vind ons uit dat hy ons baie van
die Boesmans kan vertel. Hy was daar op kuier by vrinde. Ons het hom
nie alleen tabak, maar ook 'n stuk kos gegee en hom versoek om ons
te vertel van die ou dae. Hy vra toe 'n slaapplek in die agterplaas;
dus het ons genoeg geleentheid gehad om met outa Bles te gesels.
Op vrae wat ons af en aan gestel het, vertel hy ongeveer sy storie
as volg:--
"Toe die Engelse in hierdie land gekom het, was ek só groot (hy wys
met sy hand, sodat hy toe omtrent tien jaar moes gewees het). Boesmans
wat uit Kaapstad weggeloop het, het die tyding van die Engelse skepe
gebring. Ons het toe van sulke dinge maar min verstaan. Ek is in die
Roggeveldberge gebore; maar toe die weggelope Boesmans by ons gekom
het, was ons in die Cederberge en dan weer in Ceres se wêreld. Daar
was toe nog baie wild in daardie berge, wat ons in staat gestel het om
die bokke van naby te bekruip. Met die ronddwaal daar het ek al begin
groterig word en weet nou nog goed wat in daardie dae plaasgevind
het. As ek daaroor dink, dan is dit vir my as die dag van gister.
"In daardie dae het dit in ons berge mooi gereën; maar in die Karoo
was dit nog baie droog. Al die wild trek toe na ons bergveld-toe, en
toe kom die Boesmans van die Moordenaars-Karoo en van die Groot-Karoo
na ons berge toe. En hoe dit gekom het, het ek nooit verstaan nie;
maar tog, daar het skoor ontstaan tussen ons Berg-Boesmans en die
Karoo-Boesmans. En hulle praat somar van mekaar te skiet.
"Maar, my basie, ons Boesmans kan mos nie met mekaar oorlog maak soos
ek nou verstaan hoe die mense en Kaffers oorlog maak en met mekaar
veg nie. Kyk, as 'n Boesman daar agter 'n klip of in 'n gat lê,
watter ander Boesman sal dit waag om hom daar te gaan bekruip? Nee,
ons sal mekaar gaan betrek daar waar vleis gebraai en gedans word,
of waar in die donker om die vuur gesit word. Maar dan weer, wie sal
so dom wees om in sulke gevaarlike tye in die ope lug te gaan vuur
maak of te gaan dans, sodat hul die tamboer en musiek van ver kan
hoor? Nee, my basie, al ons Boesmans weet goed dat ons onder mekaar
nie kan veg nie. Het iemand vir jou kwaad gemaak, dan is dit alleen
die saak tussen jou en tussen hom; en die ander het daar glad niks
mee te doen nie. Julle twee moet maar self julle eie sake regmaak. Wat
help dit as ander vir hulle daaroor sal laat doodskiet?
"Maar die ding word glad anders as baie kom om ons Boesmans in 'n hoop
aan te pak; dan staan ons gelyk, en nou veg ons teen 'n gemeenskaplike
vyand wat nie ons eie nasie is nie. Ons veg dan òf teen die witman òf
teen die Hottentot òf teen die Kaffer. Met hulle kan ons beter veg,
want hulle kom na ons toe; al wat ons moet doen, is om vir baie pyle
te sôre en doodstil in ons wegkruipplek te lê. Daar sal hulle gewere
en asgaaie ons nie uitkry nie; maar net honger en dors sal vir ons
daar uit die wegkruipplek uitdrywe. Want ons Boesmans dra mos nie so
baie kos en water met ons saam nie. Nee, my basie, die witmense en
die Hottentots en die Kaffers sê dat hulle vir ons uitgeroei het. Nee,
nou jok hul mos; want dis die honger en die dors as hul ons vaskeer,
wat vir ons gedaan gemaak het. Nou, sê vir my, my basie, is honger en
dors dan mense? En wie kan met hulle baklei of speel? Hulle is man
en vrou; hulle is ons algar se baas en nôi; hulle slaan seer houe
as hul slaan. Hulle order aldag vir ons rond. En al die mense werk
verniet vir daardie baas en nôi. Hulle vra nie vir jou of jy siek
of gesond is nie. Honger en dors ja vir jou gou uit die siekbed;
hulle ja vir jou uit as dit reën, hulle ja vir jou uit as dit koud
of warm is. Ja, my basie, hulle ja vir jou uit dwarsdeur jou vyande
wanneer hul met koeëls op jou skiet en wanneer hul met asgaaie vir
jou steek. Verstaan my basie nou dat dit net honger en dors is wat
ons Boesmans so uitroei? Die honger en dors is die honde wat vir
geweer en asgaai die Boesman uit sy skuiling moet uitja.
"Maar die saak met Boesman teen Boesman is glad anders: As die een
'n stuk wild geskiet het, dan deel hy dit mee aan dié wat niks geskiet
het nie. Môre skiet daardie een weer iets, dan deel hy weer aan dié wat
vir hom kos gegee het; en so help ons mekaar. Ons is nie afgunstig nie;
net my pyle en boog, my vrou en kinders, my velle en potte is myne;
maar die ding waaroor hul oorlog maak, soos grond, water, vee, en
sulke goed, is ons algar s'n same: waaroor moet ons Boesmans daaroor
baklei? En vat hy aan my goed, dan, het ek mos vir baas gesê, is dit
'n saak tussen my en hom, waarmee die ander niks te doen het nie.
"Kyk, my baas, nou sal ek vir jou die poedelnakende waarheid
vertel. Ons het nie kapteins om vir ons te roep om oorlog te kom
maak nie; en as niemand ons roep nie, wie sal dan gaan? Basie, die
kapteins, dis hulle dié wat al die kwaad stook; en ander wat die
rusie nie gemaak het nie, dié moet oorlog maak."
NO. 87.
DIE VERKEERDE VOLSTRUIS.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is 'n voortsetting van die vorige
(No. 86).
Op vrae en kruisvrae vertel ou Bles nog verder:--"My basie, glo vir
my, ons Boesmans kom swaar aan ons stukkie kos. As dit reën, dan kan
ons nie jag nie, want dan word die boogsnaar nat en dryf dan die pyl
nie te vinnig voort nie. Dan kom nog daarby, die snaar is van senings
saamgedraai; en as dit nat word, dan draai dit alte graag los. Verder,
as die wind sterk waai, dan moet ons die wild baie naby bykom, anders
raak ons nie, daar die wind die gang van die pyl belemmer.
"Nou, so baie witmense het al vir my gevra waarom ons nie ook saai en
plant nie; toe het ek geantwoord dat as hulle in ons plek sou gewees
het, sou hul maar net dieselfde gedoen het. Die grootste hinderpaal by
ons is dat ons nie yster het nie. Jy kan mos nie grond met stokke of
horings omgrawe nie! Ons het maar hier en daar stukkies yster by ander
nasies opgetel. Van die Kaffers wat ons nasie so vervolg en vermoor
het, het ons asgaaie afgeneem, en daardie asgaaie het ons skerp geslyp,
sodat ons dié ook vir messe om vleis mee te sny, kan gebruik. Verder
het ons vir ons met klipmesse moes behelp. Dis mos 'n gesukkel om 'n
bok met 'n stomp klipmes af te slag en stukkend te sny--nie waar nie?
"Ek het al daarby gesit dat die mense praat oor hoe fyn ons wild
bekruip en hoe net ons skiet. My hart voel dan somar groots; maar
stilweg sê ek: Julle weet nie watter moeite en gevare dit alles kos
nie. Glo vir my, my basie, dit gebeur baiemaal dat ons wild bekruip
onderwyl 'n leeu vir ons bekruip. Of dit gebeur dat ons en 'n leeu
saam, sonder van mekaar te weet, een en dieselfde wildding beoog en
bekruip. Ons skiet, en dan spring die leeu uit en pak die buit voor ons
neus weg. Nou, dis gemaklik genoeg vir mense wat roers het, om vir ons,
wat maar stomp pyle het, te sê dat ons dan maar die leeu daar by die
bok moet doodskiet. Ons skiet nie altyd 'n doodskot nie. En hoe dan
as die leeu lig gewond is--hoe dan met jou? Ons het darem baie planne
om reg te kom. As ons sien dat 'n leeu saam met ons die bok bekruip,
dan lê ons maar stil of soek onderkant sy wind te kom. As daar 'n boom
daar naby is, dan probeer ons om in die boom te klim en lok dan die
leeu na ons toe en skiet hom as hy onder die boom is. Maar die ongeluk
is, as ons wild bekruip, dan is ons meestal net een man. Kan jy op jou
pyl en jou korrelhou staat maak, dan kan jy maar probeer om hom die
pyl voor die bors, of as hy dwars lê, agter sy blaaie in te drywe,
om sodoende 'n doodskot te gee. Maar dan moet jy baie seker van jou
saak wees voordat jy probeer om dit uit te voer. Dit hang daar ook
baie van af watter soort gif jy gebruik: alle soorte gif is nie ewe
sterk nie. Daar is 'n soort gif wat dadelik soos die ding geskiet word,
op sy senuwee werk, sodat hy nie kan wegkom nie; dan weer is daar gif
wat stadiger werk en die wildding 'n kans gee om 'n entjie te hardloop
eer hy neerslaan. Ons moet ook soms die regte gif ver gaan haal, dit
daar op die plek klaar maak, dit in volstruiseierdoppe gooi, toeplak,
en dan na ons veraf-geleë plek oorbring om dit daar in voorraad te hou.
"By ons Boesmans bestaan ook 'n soort ruilery. By voorbeeld, op een
plek is mooi klei om potte mee te maak, by die ander plek is weer
goeie gif, en by 'n ander plek is weer rooiklip (oker) om die lyf mee
te smeer of om mee te skilder. Dan gebeur dit in sulke gevalle dat
'n ruilery plaasvind. Ons gee ook presente oor en weer.
"Die ongedierte was in vroeër dae 'n baie groot gevaar vir ons. Dit
was glad nie gewaag om ná of kort voor sonsondergang alleen in die
veld rond te loop nie; want dan is dit die tyd dat leeus, tiere en
wolwe uit hulle skuilplek te voorskyn kom; hulle is dan hongerig en
begin rond te jag. By daardie tyd moet ons sôre dat ons tuis is en
dat ons vure brand, om, as hul ons wil aanpak, klaar te wees om hul
met stompe vuur van ons af te weer. Hulle is alte lief om ons spoor
te vat, vernaamlik as ons wild geskiet het, of vleis na ons werf dra
en van die bloeddruppels het op die grond geval sover as ons geloop
het. Of hulle kan ook die vleis en bloed op ons werwe van veraf
ruik. Dan kom hul snuffel.
"In die oggend of gedurende die dag sal 'n leeu 'n mens nie somar
pla nie, vernaamlik as die son die dag baie warm is. Maar tog, dit
gebeur dat jy skielik op sy lyf afkom, dan voel hy onrustig en dink
jy kom hom opsoek. In sulke gevalle sal hy sy lyf klaarmaak om jou te
bevlie. Hy neem ook soms in die dag sy kans waar as hy die vorige nag
'n slegte jag gemaak het.
"Eenmaal het ek met 'n jong leeumannetjie noustrop getrek. Ek bekruip
'n hartbees wat in die koelte van 'n boom staan en vlieë wegja. Die
jong leeumannetjie was op dieselfde besigheid uit as ek. Toe ons mekaar
gewaar, was ons nog geen twintig tree van mekaar nie. Hy verander
sy plan en kies my uit in plaas van die bok. Nou, die ou Boesmans
het my vertel--want ek was toe maar nog 'n jong Boesman--dat as jy
jou bekruipmus van jou kop afhaal, dit in jou mond vasbyt, sodat die
hol kant na vorentoe staan en nes 'n groot oopgespalkte bek van iets
lyk, dat 'n leeu jou dan nie somar sal bespring nie. Wel, daar was
vir my geen ander raad nie--want vandag is ek dood se kind. Ek pluk
gou die bekruipmus van my kop af en byt dit tussen my tande vas,
knor hard, en staan op hande en voete klaar vir die leeu om hom te
bevlie. Hierdie gesig moes vir hom tog te aaklig gelyk het; hy skrik,
steier agtertoe, en stap omkyk-omkyk weg. Toe hy op veilige afstand
was, skeur hy die wêreld vorentoe sonder om òm te kyk, en hy verdwyn
spoedig oor die kliprandjie. Maar ek kan darem my basie verseker:
dit vorder moed en koerasie om so voor 'n leeu reg te staan.
"Ja. Nou, my basie, jy het my gevra hoe ek hierdie bles op my kop
bekom het. Dit het ook deur die jag gekom, en ek sal die baas die
ding mooi haarfyn vertel.
"Ek was toe nog 'n jong Boesman (soos hy beduie omtrent twintig
jaar). Dit was ná ek die ontmoeting met die jong leeu gehad het. Ek
gaan die dag ook jag. Ek het vir my 'n pak klere van 'n afgeslagte
volstruisvel gemaak. Ek het die affêre mooi reggekry, want dit was
vir die ou volk te mooi om aan te kyk hoe natuurlik ek 'n volstruis
kon namaak; en ek het net trots daarop gevoel. Wel, ek het met daardie
pak klere gaan jag. In die volstruis se nekvel het ek 'n stok gesteek
en stap nou net so parmantig in die veld as 'n volstruis self. Ek
het ver in die veld geloop en stap toe om die punt van 'n randjie
.... en toe ek my kom kry, ry twee base my op 'n kar!
"Wat eintlik gebeur het, is dit: Een van daardie base het my uit
die verte vir 'n regte volstruis aangesien; hy het my gaan voorlê;
en toe ek onder skot was, haak hy af en ploeë my met die koeël oor
die kop. Ek val bewusteloos neer; die base tel my op en bring my
na hulle kar toe en ry nou vinnig om by die water te kom om my te
lawe. Onder die ry het ek reggekom, en die baas het my na sy plaas
toe gebring. Dit was toe nog slawetyd; maar die baas en nôi was vir
my baie goed, en vernaamlik ook hulle kinders. Ek het toe somar by
daardie baas en nôi gebly. Hulle het eers na Grahamstad se wêreld
getrek. Daar het ek nog altyd by hulle gewoon; maar toe hul na die
Vrystaat met die Groot Trek saamgegaan het, het ek gesê dat ek nooit
van hulle sou weggaan nie, maar ek is tog te bang vir daardie wilde
Kaffers van daardie wêreld. Ek het baie spyt gehad, en hulle ook,
dat ek moes weggaan. Ek het toe my lewe in die Karoo geslyt; en nou
kom ek, voor ek sterf, weer my ou wêreld beskou, en dan gaan ek weer
terug na my kinders toe."
NO. 88.
STAAN TOT DIE DOOD TOE.
OPMERKINGS:--Hierdie gebeurtenis is in 1870 in Boesmanland,
naby Krommaag, afgespeel. Ons was net daar toe dit voorgeval het.
Dit is ons deur verskeie Boesmans wat eers wild was en later mak geword
het, verseker dat dit 'n moeilike ding vir 'n wilde Boesman is om te
verstaan waarom die witmense en basters mag vee aanhou en sê dat dit
hulle eie is, terwyl hul aan die ander kant hulle eie reg gebruik om
die Boesman se vee (die wild) te kom doodskiet of verjaag, waardeur
die Boesmans moet honger ly. Later, as hul mak word, verstaan hul die
saak beter; en dit word hul duidelik gemaak dat die witmense en basters
met vee boer, dit oppas en versorg, terwyl die wild vir hulleself moet
sorg. Maar tog, uit die oogpunt van 'n wilde Boesman gesien, lyk dit
glad nie reg nie. Hulle meen dat die witman maar in sy eie land moes
gebly het om daar met sy vee te boer, en nie hiernatoe moes gekom
het om die Boesmans se vee, gronde en waters af te neem nie. Dus, uit
weerwraak vat hul soveel van die vee van die blanke en basters as hulle
in hande kan kry; wat hul nie vir onmiddellike gebruik nodig het nie,
verniel hul op 'n gruwelike wyse, om môre maar weer ander te vat en
dié op dieselfde wyse te behandel. En tog aan die ander kant verseker
Boesmans ons dat in hulle wilde staat diefstal swaar gestraf word. As
uitgevind word dat iemand gesteel het, en die bestole persoon kom kla,
dan, as dit die man se vrou of kind is, oorhandig hy hulle aan die
klaer om hulle te straf--al was dit soms met die dood. Die man wat
gesteel het, word net so behandel; maar natuurlik moet die kwaad eers
deeglik bewys word. Bewyse en getuie moet daarvoor beskikbaar wees.
Nou, wat reg of verkeerd is, is maar 'n opienie. Skurkery waarvoor
geen wet bestaan nie, is geen misdaad nie. Die pous van Rome mag nie
trou nie, maar hy mag wyn drink; die sultan van Turkye mag wel trou,
maar mag nie wyn drink nie. In Rusland onder die saar se wet mag geen
moordenaar opgehang word nie; maar 'n skurk word voor die voorkop
gebrandmerk, of sy neus word afgesny, of sy oor verwyder. Dit is ons
menslike begrip van reg. En hoe omtrent die Boesman se opvatting? En
daarby kom nog: Hy is so kort van verstand. Hy verdedig sy grondgebied
deur middels waaroor hy beskik. Maar dis darem baie onplesierige en
wrede middels! Straf word alleen toegepas op die dommes wat so sleg
is om uitgevinde te word: die slim skelms kom altyd vry.
Die Boesman, aan die ander kant, as die instellings van die blanke
vir hom duidelik geword het, is gewillig by die witman en baster te
werk. Daar is oor en oor genoeg bewyse dat as hy weet dat sy baas
hom regtig vertrou, hy sy baas ook getrou dien. Daar is ewe soveel
bewyse dat hy vir bewese weldade dankbaar en erkentlik is. Hy doen
dit nie juis in dieselfde sin as 'n getroue hond nie, maar sal selfs
uit sy pad vir sy baas gaan om hom 'n vrindskap te bewys of voordeel
te laat bekom. Hy moet daartoe op 'n boerplaas opgevoed word. Die
dorp is sy sedelike verderf: daar kry hy drank, en hy ken geen maat
nie; daar kom hy in aanraking met lae karakters, en hy self is nie
standvastig nie. Op sendingstasies was hy 'n mislukking, omdat hy vir
hoër begrippe onvatbaar is. Dit het vir die beskaafde nasies van die
wêreld eeue geneem om beskaaf te word; hoe kan 'n skepsel so laag as
'n Boesman in 'n paar jaar beskaaf word?
Nou gaan ons weer 'n verhaal meedeel om die roekelose handelwyse van
wilde Boesmans bloot te stel--dade waartoe hy hom volkome geregtig
vind.
In 1870 het 'n klompie basters met hulle talryke vee saam op 'n plek
in die nabyheid van Hartbeesrivier in Boesmanland gaan staan. Die
veld was pragtig, en water was volop; dus was die vee vet, en die
mense was vrolik. Op 'n sekere dag kom die veewagters vertel dat drie
wilde Boesmans met 'n klompie osse voort is. Dadelik word die perde
gehaal, opgesaal, en 'n klein gewapende mag volg die spore. Hulle
druk op so vinnig as hul kan; want die Boesmans was ver voor. In
sulke gevalle jaag die Boesmans die gestole vee so hard as hul kan
gaan, sodat hulle tyd wen om te slag en te braai. Want hulle weet
dat die eienaar tesame met andere hulle tog sal agtervolg. 'n Paar
beeste het op pad flou geword. In plaas van hul agter te laat staan,
skiet hul hulle met gifpyle dood om te dien as voedsel vir aasvoëls,
leeus, wolwe en jakkalse; maar die baas wat die beeste opgepas en
versorg het, aan dié gun hul dit nie. Hulle slaan en gooi die beeste
wat nog kan loop, om hul op 'n stywe draf te hou.
Kort ná die middag het die basters die Boesmans met die geroofde
beeste ingeja. Die vee staan toe op die oop vlakte. Maar waar is die
Boesmans? En is hul nog drie? Pas op nou om 'n bees te gaan keer:
jy of die dier kry die gifpyl. Op die gelyk vlakte kan 'n Boesman
hom net so gevaarlik wegsteek as in die skurfste randjie. Hulle is
fyn en geslepe om nie die geringste aanduiding te gee van waar hulle
skuilplek is nie. Maar die basters, net soos die blanke van daardie
streek, weet hoe om Boesmans te jag en uit te snuffel. Dit het ook
nie te lank geduur nie, of die basters weet presies waar die drie
gate in die grond gegrawe is. Uit die middelste gat sien hul af en
toe die loop van 'n geweer uitsteek.
By dié geleenthede roep die twee symaats uit: "Wag, moenie skiet nie;
laat hul maar eers nader kom, dan kan ons hul ook met die gifpyle
werk!"
Vir die gifpyle was die basters toe nie so bang as vir daardie roer
nie; want die roer kan verder tref as wat 'n pyl kan skiet.
Hierdie krygslis van die Boesmans het die basters vir 'n lang ruk
van aanval teruggehou. Dog toe die Boesmans so lank versuim, weet
die basters dat dit met die roer somar blinde alarm is. Hulle keer
toe versigtig die beeste tussen hulle en die Boesmans in en het
hulle kans geneem om tussen die klomp beeste deur op die drie gate
te skiet. Hulle het uitgeroep om oor te gee; maar die Boesman wou
tot die dood toe veg. En so het al drie in hulle stryd geval.
Die lewendige vee het die basters teruggekeer ná hul die drie Boesmans
in erdvarkgate begrawe het. Dog, oor wat hul gedoen het, het hul
glad nie gerus gevoel nie. Hulle het toe vir 'n ruk oor Grootrivier
gevlug; maar toe hulle vroue vir hulle laat weet dat alles veilig is,
het hulle teruggekom: die Boesmans het tog die eerste op hulle geskiet.
NO. 89.
VRYHEID--DIE GROOTSTE IDEAAL.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is ons deur mnr. J. A. R. meegedeel.
In die ou dae was dit 'n vaste gebruik by die veeboere om in die
winter met hulle vee van die Hoëveld na die Lae- of Bosveld van
Transvaal te trek. By dié geleentheid is in die ou dae tegelykertyd
'n jag op grootwild gemaak.
Die Hoëveld word in die winter baie koud; want dit lê tussen 5,000
en 6,000 voet bokant die see. Selfs van die wild en ook van die
Boesmans wat die wild agtervolg, trek na die warmer streke gedurende
die koue jaargety. April en Mei is gewoonlik die maande wanneer die
trek begin. Met Nagmaal kom die trekboere eers kerk-toe, koop by
die winkels met daardie geleentheid wat nodig vir die winterveld is,
en ná afloop daarvan gaan hul hulle vee haal; en oor veertien dae is
daar maar min boere op hulle somersplase te vinde.
'n Geselskap het Elandsberg-af getrek en het verstrooid langs
Elandspruit in daardie groot vallei met hoë berge omring, gaan
staan. In daardie streke was elande, buffels, renosters, kamele en
olifante, sonder om van blou-wildebeeste, koedoes, kwaggas, bos-
en vlakvarke, rooibokke en seekoeie eens te praat.
In daardie tyd kom daar 'n buitengewoon groot reën, want die winter
is in Transvaal nie die reëntyd nie. Gewoonlik gaan so 'n reën met
koue weer gepaard, en die Hoëveld kry dan gewoonlik kapok.
Ná die weer opgeklaar het, word twee koeie en 'n kalf van een van die
trekboere vermis. Die witmense het met die jag opgelet en gesoek;
maar die saak is meestal aan die Kaffers opgedra om tussen die
berge en klowe te voet te gaan soek; want die Drakensberge is maar
'n ruie gebergte. Die Kaffers vind niks nie; ook het die jagters niks
gewaar nie. Dit het by vorige jare ook gebeur dat vee by klompies-wyse
stilletjies wegraak. Die mense maak toe hulle planne op om die oorsaak
uit te vind. Maar in hierdie geval was dit onmoontlik, want die spore
was doodgereën; dus wag hul op die eerste die beste geleentheid.
Omtrent drie dae ná die twee koeie en die kalf weggeraak het, kom die
Kaffers vertel dat hul 'n klompie buffels in die onder-ent van 'n kloof
sien wei het. Die jagters stuur toe die volgende oggend vroeg 'n klomp
jag-Kaffers om die buffels die smal en diep kloof op te jaag. In die
kloof was wildvoetpaaie; langs die rande kon hul nie bra uit nie, want
dit het steil kranse; maar bo is 'n nek waar die voetpaaie uitgaan,
en daar gaan die jagters die buffels voorlê. Hulle skiet toe 'n stuk
of wat daarvan dood; een buffel word swaar gewond, hy spring kortom en
vlug in die kloof af. Die jagters stuur 'n Kaffer agterna om die buffel
op te pas onderwyl hul nog met die ander vlugtende wild besig is.
Die gewonde buffel val in die kloof aan die voet van die nek dood. En
toe die Kaffer by die buffel kom, vlie 'n Boesman se pyl kort teen sy
kop verby. Hy hou dadelik sy skildvel voor (want hy was 'n Swasie),
en onder pyl-geskiet stap hy skuil-skuil agteruit en vlug agter 'n
groot rots in en roep uit: "Baas, pas op! Hier is Boesmans, en hulle
skiet met pyle."
Een van die jagters kon 'n Boesman voor 'n groot skeur in 'n klipkrans
sien staan. Die jagter vuur op die skeur, en die Boesman verdwyn
daarin.
Die vlugtende wild was toe al algar verby. Die Swasies wat die wild
aangekeer het, is nog ver onder in die kloof en kom aan. Die jagters
daal van die nekkie te voet af na die kloof waar hul die Boesman
in die skeur gesien het, en skiet af en toe 'n koeël in die skeur,
en die Boesmans skiet ook in die rigting van die mense, wat skuil.
Oom Pieter--een van die jagters--het reeds baie ondervinding in
gevegte met Boesmans opgedoen, en algar was gewillig om sy orders
op te volg. Hy roep toe een van die Boesman-agterryers en sê aan hom
om aan die Boesmans in die skeur uit te roep om oor te gee. Eers kom
daar geen antwoord nie; later antwoord hy terug dat hy veilig daar is
en vra waarom hy moet oorgee. Hy weet as hy oorgee, dan maak hul hom
dood. Die mak Boesman antwoord terug dat die een in die skeur gerus
kan uitkom: sy lewe is gewaarborg; want hoekom maak die mense vir hom,
wat agterryer is, nie dood nie.
Die Boesman in die skeur antwoord terug: "Nou, ek wil nie agterryer
wees nie; ek is my eie baas en wil my eie baas sterwe."
Oom Pieter vra toe aan die Kaffers, wat by hierdie tyd algar daar
was, of hul die plek goed ken. Een gee antwoord dat hy vir 'n maand
terug daar 'n jakkals gesien inhardloop het. Hy het toe die plek gaan
beskou, en hy vertel dat die skeur voor maar nou is; maar agtertoe in
is dit wyd en het nog ander sykamers. Daarop het hul die plek in die
nabyheid van die grot verder goed verken om uit te vind of daar nie
nog ander skeure is waaruit die Boesmans kon skiet nie. Dit het nie so
gelyk nie, want die rotse aan weersye van die ingang was vaste rotse;
dus het oom Pieter besluit om 'n groot rook voor die skeur te maak
en om die Boesman op hierdie manier tot oorgawe te dwing. Met lang
gaffels het hul droë gras en groen takke voor die ingang opgehoop;
en voor dit aan brand gesteek word, word die Boesman nogmaals gevra
om oor te gee; maar toe daar glad nie antwoord kom nie, gaan die vuur
in die hoop voor die bek van die grot.
Ná 'n hele ruk te gewag het, tot die brandstof uitgesmoor het, word
weer uitgeroep om uit te kom, daar die jagters toe kinders binne-in
kon hoor huil. Toe word alle middels aangewend om al was dit maar die
meide met hulle kinders te red; maar een van die meide roep terug:
"Ons maak net soos ons mans maak."
Die jagters kom toe tot die gevolgtrekking dat nie genoeg rook die
gat binnedring nie; toe word meer brandstof aangevoer en met die
gaffels brandend dieper die gat ingestoot. Die stilte duur binne-in
voort--algar die Boesmans weier stilswyend om uit te kom.
Intussen het die Kaffers begin met die afslag van die wild. Daar het
baie Swasies 'n dag ver van Komatierivier se kant gekom om met die jag
te help; dus het dit nie lank geduur nie, of hulle het die vleis na 'n
plek gedra vanwaar dit met sleë gehaal is om daar biltong van te maak.
Met rondsoek daar om die gat, vind hul die geraamtes van die twee koeie
en die kalf; wat die Boesmans nie opgeëet het nie, is deur die wilde
gedierte verslind. Die lyke van die Boesmans met vroue en kinders is
later in die gate ontdek, saam met vleis van die drie beeste.
NO. 90.
LIEWERS STERWE AS OORGEE.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is aan ons deur mnr. Heink Vissagie,
Zooverbij, Calvinia, en ander in 1882 vertel.
Die Boesman, as kind van die natuur, wil volkome vry wees. God het hom
vryheid gegee, en vry wil hy sterwe. In die strewe om vry te wees,
moet hy vir self bestaan hard veg. Van gerief en gemak weet hy min
af. Slaan maar ag op hoe hy gehuisves is; en dan moet ons erken dat
die meeste voëls 'n beter begrip van gerieflike huisvesting besit as
'n Boesman--wat tog 'n baie hoër wese is as 'n voël. Die voëltjies
bou mooi nessies en veer dit sag uit om warmte aan hulle kroos te
besorg. Maar dan weer, nes die voëls, slaap die Boesmans net waar hul
'n skuiling kan vind; en die voëls ook het gedurende die winter geen
nessies nie.
Maar wag, die Boesman maak tog 'n soort van skuiling--dog baie
ongerieflik, aangesien hy 'n mens is. In warm en mooi weer, as die
Boesman op jag is, slaap hy agter 'n bos of klip en het die sterrehemel
vir 'n kombers. Maar as hy woon, dan verkies hy 'n spelonk of grot
bo alles. Hy is dan tevrede om voor die wye opening bosse en takke te
plaas, in plaas van om 'n stewige muur van grond of klip te bou. Van
boukuns weet hy absoluut niks af nie. Sy geliefkoosde huis, egter, is
'n skuiling van matjies gemaak. Die matjies maak hy van matjiesgoed en
vervoer dié orals met hom mee as hy op trek is. Teen sononder breek hy
takke, plant dié in die grond, sprei die matjies daaroor, en maak dit
op 'n manier vas. So 'n hut is glad nie bestand teen swaar reëns nie;
dit lek dan soos 'n gieter.
Kan hy geen takke kry om in die grond te plant nie, dan grawe hy
'n gat in die grond net so groot dat hy daarin opgerol kan lê. Hy
neem los klippe of klein bossies en maak om die gat 'n skermpie. Op
'n manier span hy die matjies oor die skermpie en kruip daaronder in
as herberg vir die nag. So maak elk afsonderlik. Dog as hul spelonke
kies om in te woon, dan slaap almal daarin saam.
'n Boesman mag 'n klein klipgat vir tydelike verblyf kies, maar nooit
vir 'n vaste woning nie. Van dié soort vind ons baie in die veld. In
sommige tref ons ook van hulle skilderinge aan. Die grootste nut,
egter, van sulke klein gate is om in tyd van gevaar in te vlug,
waaruit hul dan met die gifpyle kan skiet. So het baie van sulke
soort klipgate 'n wonderlike geskiedenis aan hulle verbonde.
Ons persoonlik was gevra om die plaas Zooverbij aan die Hantamrivier
op te meet. Met die steek van 'n pylvlag op 'n seker koppie, deel
die eienaar ons mee dat die naam van die koppie Bamboeskop is; en
voor hy ons die besonderhede gee waarom die naam so gekies is, wys hy
'n klein klipgrot aan aan die sy van die koppie en vervolg:--
"In vroeër tyd het hier in hierdie buurte 'n ou Boesman met die naam
van Bamboes rondgedwaal; hy was 'n beroemde veedief en 'n nog beroemder
boogskut. Hy was een van die soort wat so moeilik was om in hande te
kry as 'n dassie in 'n skurwe klipkrans. Die poliesie het al jagte op
hom gemaak, maar kon hom maar nooit in die hande kry nie. Die base van
die gestole vee het alle middels aangewend om sy verblyf uit te vind,
maar alles verniet: hy weet sy spore te vernietig; en dan, vandag is
hy hier en môre is hy daar."
Hier onderbreek 'n ander man wat daarby staan, die gesprek, en hy sê:--
"Wag, neef Heink, behou jou rede; laat ek eers vertel wat ou Bamboes
êrens in ons buurte gewaag het, en dan kan jy maar klaar end uit
vertel.
"My ou oom het eendag net van 'n ver rit met sy flukse bont ryperd
tuisgekom. Hy het die perd gelos om veld-toe te gaan. Hy het toe 'n
ander ryperd geneem om sy vee in die buiteveld te gaan beskou. Daar
ver in die veld, toe hy om die punt van 'n randjie kom, sien hy
'n Boesman met sy bont ryperd ja of die dood agter hom is. Hy merk
onraad en gee sy perd die teuels en agtervolg die Boesman. Gelukkig,
die bont perd was nog baie moeg; anders sou die Boesman daarmee skoon
van my oom weggeja het. My oom wen, maar nie so vinnig as hy verlang
het nie. Dit sou nog langer geduur het om die Boesman in te haal,
maar gelukkig trap die perd in 'n erdvarkgat, slaan neer, en die
Boesman val dat die stof so trek. Die eerste wat die Boesman doen
toe hy van die grond opspring, was om na sy pyle en boog te gryp,
en hy gaan agter die perd reg staan en loer skrams voor die perd se
bors verby wat my ou oom nou wil maak.
"My ou oom kon op sy skot reken; maar nie noudat hy so bewe van
boosheid en ontsteltenis nie; hy het dus nie gewaag om 'n skrams skot
op die Boesman te vuur nie. So na wou hy ook nie ry om onder pylskot
te kom nie. Dus staan hy op veilige afstand die Boesman aan te kyk,
en die Boesman loer voor die bors van die perd verby om te kyk wat die
oubaas wil maak. My ou oom se omry sal niks help nie, want die Boesman
draai die perd altyd voor hom. Dié plan het die Boesman gekry om die
agtermiddag mee om te maak. Geen hulp daag op nie. My ou oom begin toe
voor en agter die perd stofskote in die grond te skiet om te kyk of
die perd nie wil skrik en weghardloop nie; maar die vergalgste Boesman
klou nes 'n bloedsuier aan die perd vas. Wat eindelik daar by die perd
gebeur het, weet my oom nie. Of die perd die Boesman gekap of getrap
het, kan hy nie sê nie; want die perd was 'n bietjie wys. Die perd kom
los en spring weg. My ou oom was klaar om die Boesman met die koeël
te pleister; dog die skelm het soos rook verdwyn--vermoedelik in die
erdvarkgat gekruip waarin die perd getrap het. Toe die bont perd buite
pylskot draf, het my ou oom hom gevang en met hom staanplek-toe geja.
"Maar watter soort jaery was dit tent-toe? Want my ou oom moes
gedurig omkyk of die Boesman hom nie agtervolg nie. Maar gelukkig
het hy die staanplek veilig bereik. By ondersoek na die skelm blyk
dit dat dit niemand anders was nie as ou Bamboes wat weer na daardie
buurte getrek het om daar kwaad te doen. Hy sou seker die bont perd,
toe hy weghol, doodgeskiet het, was dit nie dat die perd te ver was
toe Bamboes veilig in die gat was nie."
Hierop vervolg oom Heink weer sy verhaal omtrent Bamboeskop en
vertel:--
"Daar kom 'n dag wanneer die fynste skelm betrap word. Bamboes was
weer met sy skaapstelery besig, en daar word hy betrap. Die mense
spoor hom op en vind uit dat hy posiesie in 'n klipgat in 'n koppie
gevat het. Hulle kon sien uit watter gat die pyle geskiet word;
want teen die sonlig kan 'n mens 'n pyl sien blink en trek.
"Hy is oor en oor gesoebat geword om maar oor te gee; maar alles
tevergeefs. Hy reken op sy krygsmanskap: hoeveel maal was hy nie
in net so 'n gevaar nie, en toe kon hul aan hom niks doen nie;
en sou hul nou iets aan hom kan doen? Nee, hy sal sy man tot die
bitterste end toe staan. As geoefende krygsman verstaan hy die kuns
om sy geskut nie in die wind weg te skiet nie. As hy afhaak, is dit
'n baie skrams skot; want die burgers wat hom in die gat vaskeer,
het baie fyn krygslis gebruik om hom daartoe te kry om sy pyle weg
te skiet. En dan, hulle roers skiet verder as 'n pyl kan raak.
"Wel, 'n heftige bombardement word op die klipgat gerig. Onder dit
alles kry Bamboes nog kanse om te skiet. Hy het hom soos 'n leeu
verdedig. Maar naderhand raak dit stil, en die burgers vermoed
dat Bamboes nou 'n doodskot gekry het. Versigtig stap hul nader,
agter beskerming van seker toestelle. Hulle vermoeding was maar te
gegrond--Bamboes is 'n lyk.
"En toe hul sy lyk ondersoek, blyk dit dat hy 'n koeël voor die kop
gekry het. Die velle van sy voorvinger en duim was deur die boogsnaar
glad weggeskeur. En toe het hy die boog met sy voete vasgeskop en
die pyl met sy tande afgetrek. En dit het ook sy voortande uitgepluk.
"Hy lê so dood sonder 'n pyl om verder mee te skiet!"
NO. 91.
DIE WREEDHEID VAN BOESMANS.
OPMERKINGS:--Nes alle barbare is die Boesman ook soms baie
wreed. Baie van die besonderhede het ons van meneer Willem G----,
wat vroeër naby Grootrivier gewoon het.
Die Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem om iemand te
martel--vernaamlik as hy meen dat iemand 'n teenstander van hom is,
en dus hom verhinder om sy doel te bereik. Kry hy so een in hande,
en tyd om te vlug is kort, dan skiet hy hom met 'n gifpyl dood. Maar
bly daar oorgenoeg tyd oor om te vlug, dan neem hy sy kans om sy
teenstander te martel en met tyd dood te maak.
Baie getroue veewagters het die spit moes afbyt as hul nie gewillig
was om van die vee goedwillig af te gee nie. Baie veewagters is
oulik: hul maak of hul die vee goedwillig afgee; en wanneer die
diewe onder pylskot uit is, dan vuur hulle met hul roer op die skelm;
want baie veeboere was verplig om hulle wagters teen die Boesmans te
wapen. Maar die Boesmans bekruip die wagter op so 'n fyn manier dat eer
hy hulle gewaar, dan is hy onder pylskot en kan dan nie meer vlug of
homself verdedig nie. In sulke gevalle gee die wagter vee goedwillig
af. Die Boesman loop dan; en wanneer daar 'n geleentheid kom, hol
die wagter na sy baas om die gebeurtenis te gaan vertel. Dadelik word
die Boesmans opgespoor en gevang, en by verset met pyl en boog word
hulle doodgeskiet.
Dit weet die Boesmans, en daarom maak hul 'n ander plan met die
wagter. Hulle bind hom soms aan 'n boom en slaan hom met doringtakke,
of martel hom op 'n ander manier, by voorbeeld deur hom hande en
voete vas te maak en dan kole en warm as op hom te krap.
Mnr. Willem G---- vertel ons dat hul vroeër baie las op hierdie manier
van Boesmans gekry het. Dit het baiekeer moeilik gegaan om vertroubare
wagters te kry; want hulle was deeglik bewus dat hulle lewe in gevaar
is. Dis nie alleen dat hul so wreed deur die Boesmans behandel word
nie, maar die Boesmans bekruip die wagters nes hul wild bekruip en
skiet hul op die plek dood. Dié lot het nie alleen aan gekleurde
skepsels ten deel geval nie, maar baie witmense het hulle lewe op
hierdie manier moes inskiet, en etlike wrede moorde op blankes en
hulle famielies het plaasgevind.
So vertel mnr. Willem G---- die volgende gebeurtenis:--
"Ek was 'n jongeling van omtrent twintig jaar, en my vader het in
die ou Kolonie suid van Grootrivier met sy vee op die ope gronde
rondgetrek. By een geleentheid gee die waters op, en ons was verplig
om ons staning nader na Grootrivier te verplaas. Juis te wyte aan die
Boesmans was ons skaars aan wagters om met die vee te help. Die pad
wat ons moes trek, was sanderig en swaar vir die osse om die wa deur
die woeste veld te trek. Oorlede pa was toe net siekerig; dus moes
ek en my broer van agtien jaar oud eers met die trek help om dit op
die nuwe staning te kry. Dan moes ons dadelik te voet omdraai om die
wagter met die skape deur 'n ruie plaat bosse te help. Die orders was,
as hy eerder by die ruie plek as ons kom, dan moet hy wag, sodat ons
hom daar deur kan help. Wonderlik, ek was jare daarna weer op dieselfde
plek en het dit amper nie meer geken nie: die groot digte bosse was
uitgedun. Of dit opsetlik deur die veeboere uitgebrand is, weet ek nie.
"Wel, ons sien toe die skape voor hul deur die bosse was. Ons stap
daarheen. Die wind waai na ons kant toe, dus kon ons op 'n afstand
iemand hoor benoud skree; maar dan volg daarop 'n uitbundige geskater
en harde gelag. My broer en ek kon die ding nie begryp nie; ons stap
in die rigting en klim agter 'n sandduin uit om tog te kyk wat al
daardie pret mag wees.
"Bo-oor die duine tussen die fyn bossies deur loer ons. Ons sien die
veewagter lê 'n tree of wat van 'n vuur, hande en voete gebinde. Drie
Boesmans sit om die vuur vleis te braai. Af en toe vat een 'n stomp
vuur en brand daarmee die wagter onder sy voete of ander dele van
sy liggaam--en dis vir sy pynlike geskree wat hul so danig lag! Die
wrede moordenaars sit met hulle pylkokers agter hulle rug, dog hulle
boë lê op 'n bossie. Ek en my broer maak toe plan wat om te doen.
"Die digte bosse was te ná; ons sou die drie moordenaars nie in hande
gekry het nie. Ons roers was met lopers gelaai, want daar was baie
duikers in die veld. Ons besluit toe om om die duin nader te kruip en
dan uit te roep om oor te gee; wil hul nie, dan pleister ons hul met
die lopers. Toe ons hul mooi onder skot het--ek het twee oormekaar,
en my broer korrel op die ander--, toe roep ons in Boesmantaal uit:
'Gee oor, of ons skiet!' Hulle skrik en vlug. Ons roep: 'Staan!' en
vuur toe. Twee val. Ek was weer klaar met die ander skot, en so was
my broer (want ons het dubbelloopgewere gehad); ons vuur, en daar
lê die derde morsdood. Twee was dadelik dood; dog een het nog 'n vyf
minute gelewe, maar is toe ook dood.
"Maar dit was 'n jammerte om die brandwonde aan die wagter te sien;
sy klere was ook plek-plek aan brand sonder om te vlam. My broer het
teruggehardloop om hulp. Ons het die Boesman na die staanplek vervoer
en hom daar verpleeg en gedoen wat 'n mens se hand kon doen; maar
die volgende dag is ons getroue Boesman-veewagter aan 'n smartlike
einde gekom."
NO. 92.
BOESMANS IN DIE BREEKWATER.
OPMERKINGS:--Aangesien ons van ons eie nie genoeg gegewens omtrent
hierdie onderwerp besit nie, so neem ons die vryheid om oor te
neem wat mej. Lucy C. Lloyd in dr. W. H. I. Bleek se "Specimens
of Bushman Folklore" meedeel.
Soos blyk uit die vorige storie (No. 91) en uit andere, het die
Boesmans hulle baie aan die wette vergryp. Vir moorde is hul opgehang;
maar vir veediefstalle is hul na die breekwater aan Kaapstad gestuur.
Dr. W. H. I. Bleek was 'n Duitse taalgeleerde, wat aan Mowbray,
by Kaapstad, gewoon het. Toe die geleentheid daarvoor gunstig was,
het hy verlof van die Kaapse Goewerment gekry om van die Boesmans
wat in die breekwater was en wie se tyd amper verstryk was, by hom
aan huis te neem en om alles aangaande die taal te leer wat daar te
leer is. Hy kry toe 'n ou Boesman met die Boesman-naam van 'Kabbo,
wat ook onder die naam van Jantjie bekend was. Hierdie Boesman word
toe die leermeester van dr. Bleek en sy niggie, mej. Lucy Lloyd. So
het die ou skepsel aan die een kant met sy kwaaddoen en aan die ander
kant met sy goeddoen veel tot nut gewees om kennis aangaande die
Boesmantaal vrywillig mee te deel. Sy eie storie hoe hul gevang is,
is ongeveer soos volg:--
"Die Kaffer-poliesie het vir my, my seun en my dogter haar man
vasgeknoop toe ons besig was om aan 'n springbok te eet. Ons was drie
wat gebinde was, en so gebinde is ons na die magistraat geneem. Hy
het toe met ons, en ons het met hom gepraat.
"Ons was in die tronk, en hulle het ons bene in die blok gesit. Ons
het só met ons bene in die blok moes slaap; want ons was in die huis
van vullis. Daar het ook Korannas gekom. In die tronk het ons van die
magistraat se skaapvleis gekry om te eet. Toe stuur hul ons voort;
ons vrouens het meegegaan. Op pad het hul ons skaapvleis gegee. Ons
kom toe by Victoria-Wes. Ons moes toe daar aan die pad werk en moes
groot klippe rol. Ons het toe ook met grond gewerk; ons moes dit met
kruiwaens wegstoot. Ook het ons grond op waens gelaai en moes dié
trek, onderwyl ander mense langs ons loop. Ons gooi die grond op
'n plek uit en stoot die wa terug om weer grond te gaan haal. Die
Korannas werk met ons saam.
"Van daar is ons voortgestuur. Ons arms was aan 'n ketting gebind;
ons moes met die wa meestap. Ons kom toe by Beaufort-Wes aan. Ons is
toe weer losgemaak. Ons kry toe tabak van die magistraat, en ons stap
rook-rook uit skaapbene padlangs. Dit het gereën toe ons in Beaufort
se tronk geslaap het.
"Die volgende dag is ons weer gebinde. Ons moes toe deur die rivier
deur die water stap. Die wa het voor gery, en ons moes agternastap. So
het ons aangehou tot ons by die breekwater gekom het, en werk toe daar.
"'n Witman het ons geneem en in die nag in die trein geplaas. Ons
was vroeg in die trein. Die trein hardloop toe en bring ons tot in
Kaapstad. Hulle plaas ons toe in die Kaapse tronk, en ons was baie
moeg. Ons en die Korannas het toe somar in die dag gelê en slaap."
Uit die twede vertelling sê Jantjie ('Kabbo):--
"Ek en my vrou was daar; my seun en sy vrou met 'n kind op haar rug
was daar; my dogter met 'n kind op haar rug en haar man was daar. Die
Kaffer-poliesie het ons so gekry en so weggevoer. Ons moes toe in die
wa sit; die Kaffers neem ons in die wa weg. Ons vroue het ook in die
wa gesit. Ons span toe uit en klim af. Ons het 'n vuur gemaak en vleis
gebraai en lê toe langs die vuur. My seun se vrou braai 'n springbok
wat ek met my pyl en boog geskiet het. Ons rook en lê. Die dag breek;
ons maak toe weer vuur; ons het vroeg in die oggend gerook.
"Ons ry toe weer voort en kom toe by die magistraat. Ons het toe
van ons vroue weggegaan. Ons het toe met die magistraat gaan praat,
en hy het met ons gepraat. Daarop neem hul ons toe weg en plaas ons
voete in die blok. 'n Ander witman het gekom en het die bo-stuk van
die blok oor ons voete geplaas, sodat ons nie ons voete kan uittrek
nie. Ons moes met ons voete so in die blok slaap. Die ander dag kom die
magistraat en haal ons voete uit die blok: hy wil ons 'n bietjie laat
lekker voel, want dis mos sy skaapvleis wat ons toe eet. Ander mense
het die vleis vir ons gekook. Ons rook--al is ons voete in die blok."
Tot so ver die verhaal van 'Kabbo (Jantjie).
Dis wonderlik watter indruk so 'n verandering in die lewe van 'n
Boesman maak. Hy kom uit die wildernis, alwaar beskawing nog op sy
beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine, skepe, hoë huise, en
hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met alle soorte goed
wat hy nie ken nie, is vir hom 'n wonder bo wonder.
Hoe streng hul Boesmans ook al in die gevangenis bewaak, hul dros
tog soms uit die breekwater weg. So is nog een droster op Hexrivier,
Clanwilliam, gevang. Snags het hy hom daar aan druiwe in die wingerd
ooreet, en oordags lê hy in die veld en slaap. Hy is opgespoor en
terug na die breekwater gestuur.
NO. 93.
UIT DIE BREEKWATER HUIS-TOE.
OPMERKINGS:--Die geskiedenis van 'Kabbo (Jantjie) is so
belangwekkend dat ons uit "Specimens of Bushman Folklore" ook
die volgende verhaal van sy terugkeer huis-toe aanhaal. Let op
die redeneervermoë.
"Jy weet dat ek hier sit en wag op die terugkeer van die maan vir my
om huis-toe te gaan, sodat ek dan mag luister na al die mense hulle
stories as ek hul 'n besoek tuis bring, dat ek mag luister na hulle
stories wat hul vertel, en dat hulle tuis mag luister na die stories
van die Plat-Boesmans aan die ander kant van die plek. Hulle kom
hulle stories vertel as die son nog maar 'n bietjie warm is, sodat ek,
sittende in die son, na hulle stories kan luister--stories wat van ver
kom. Dan sal ek in besit kom van 'n storie wat van ver aangewaai kom.
"Ek voel ek moet gaan om met my medemense daar te sit en praat; want
ek werk nou hier aan 'n vrou se huiswerk, terwyl my maats na stories
van ver af hoor. Nou hoor ek geen stories nie, omdat ek nie rondkuier
nie. Ek voel dat ek nou met mense van 'n ander soort verkeer--hulle
is nie in besit van my stories nie. Hulle praat nie in my taal nie,
want hulle gaan hulle gelyke opsoek en doen huiswerk--want hulle maak
huise aankant. Hulle werk vir kos om kos te kry. Hulle werk vir goeie
en nuwe kos.
"Die Plat-Boesman stap oor na mekaar se hutte toe, sodat hul rokende
daarvoor sit. Daarom hoor hul daar stories; want hul is gewoond om
oor en weer te kuier, daar hul rokende mense is. Wat my betref, ek
sit op die maan en wag om vir my terug te kom dat ek my voete in die
pad huis-toe kan plaas. Ek dink dat ek regtig vir die maan moet wag,
dat ek dan aan my baas kan sê dat ek nou loop om by my mense te wees,
om my gelyke op te soek. Want hier werk ek met meide saam; ek praat
nie met hulle nie, want hulle gebruik my net vir huiswerk.
"Ek moet eers 'n bietjie rus om my arms te koel, sodat die moegheid
daaruit kan gaan; want ek sit hier tevergeefs op 'n storie te wag. Ek
sit met al my ore te luister en sit stil om te wag op 'n storie. My
naam gaan vooruit; my drie name [1] vlie voort padlangs na my huis toe;
ek voel ek gaan daar sit, en draai eers my gesig na die plek waar my
hakskene was: ek gaan mos terug. Net soos die wind sweef 'n storie na
'n ander plek toe; dan gaan ons name dwarsdeur die ander mense--hulle
dink aan ons, al sien hul ons nie. Want ons name, swewende, bereik
'n ander plek. Al lê berge tussen die twee plekke, nogtans, ons
naam gaan oor al die berge heen. Die naam waarmee hy terugkeer,
dié gaan vooruit. Hy ken die pad reguit huis-toe. Die mense wat op
'n ander plek woon, hulle ore gaan luisterend die naam van die man
tegemoet. Die teruggekeerde man ondersoek sy ou plek. Die bome van
die plek lyk so mooi; want hul het intussentyd baie gegroei en is
groot. Al die tyd het die man van die plek, toe hy weg was, hul nie
gesien om onder hulle in hulle skaduwee te stap nie. Al die tyd was hy
op 'n ander plek, het daar gewoon--dit was tog nie sy plek nie. Hulle
het hom na die ander plek geneem om daar te gaan werk. En hy is die
een wat huis-toe verlang.
"Ek wag slegs op die terugkoms van die maan, dat die maan kan omgaan,
sodat die tyd vir huistoe-gaan daar is, dat ek dan die waterputte
kan beskou--naamlik dié waaruit ek gedrink het. Ek begin te werk om
die vervalle hut te herstel. Ek roep my kinders weer tesame, sodat
hul kan saam help om die water vir my in orde te maak. Ek was weg,
en vreemde het die plek betree; hulle plek is dit nie, want dit was
'Kabbo se vader se vader se plek. Toe word dit weer 'Kabbo se vader se
plek; en toe 'Kabbo se pa sterf, toe kry 'Kabbo se oudste broer die
plek. Toe dié sterwe, toe kry 'Kabbo die plek. (Die plek is bekend
by die basters as Blouputs.) 'Kabbo, toe hy uitgegroei was, trou toe
en bring sy vrou na daardie plek. Daar het die twee saam oud geword,
en hulle kinders het daar getrou. Hulle kinds-kinders het al vir
hulself kon sorg.
"'Kabbo se kinders het by hom bly woon; sy hut het in die middel
gestaan, terwyl hul naasaan in goeie hutte gewoon het. 'Kabbo se
aangenome broerskind (Betjie) trou eerste, toe daarna sy eie. Betjie
het met troue die plek verlaat, maar sy kom nog altyd haar pleegvader
besoek; want hy het haar groot gemaak."
'Kabbo vertel verder: "Haar vader was nie die een wat haar kos gegee
het nie; want hy is gestorwe en het haar nagelaat. Ek is die een wat
haar gaan haal het net toe haar moeder gesterwe het. Ek bring haar
toe na my huis toe. Ek het haar vader (my broer) nie sien sterwe nie;
ek het ook nie haar moeder sien sterwe nie. Haar moeder is gestorwe
en laat haar hulpeloos na."
Tot so ver vereers. Ons vervolg die belangwekkendste, dog treurigste
gedeelte van hierdie verhaal in die volgende storie, No. 94.
[Uit hierdie deel van die verhaal blyk dit dat indiwiduele persone
(Boesmans) vir hul seker waterregte toegeëien het.]
NO. 94.
'N BOESMAN-WEESKIND.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is 'n voortsetting van die vorige
(No. 93).
Betjie, die Boesman-weeskind, het haar vader (die broer van 'Kabbo)
op die volgende manier verloor:--Die vader is deur iemand gedood
wat kwaad vir hom was, terwyl die vader nie vir die ander man kwaad
was nie. Hy het na 'n ander plek gaan kuier en het vyf nagte van sy
famielie weggebly. 'n Man wat by die plek was waar sy vrou woon, het
die kind intussen kos gegee; maar die kind huil gedurig oor haar eie
vader. Die man word toe kwaad vir die vader, omdat hy van sy vrou en
kind wegbly en omdat die kind gedurig oor hom huil. En toe die vader
terugkom en die nag by sy vrou in die hut gaan slaap het, kom daardie
man vroeg in die oggend en steek die vader dwarsdeur die hut met 'n
Kaffer-asgaai dood--'n asgaai wat hy op Witberg gekoop het. Toe hy
in die hut dood lê, het almal hom so verlaat--tot sy vrou--op raad
van die moordenaar; dus het die ongedierte sy lyk verslind.
Betjie se moeder sterf toe kort daarna aan 'n inwendige siekte. Sy
was nie begrawe nie, want tydens haar siekte het sy net by haar
'n jonger suster gehad wat ook aan dieselfde siekte gely het.
Die suster was swak en het met baie groot moeite die kind na die plek
van 'n famielielid oorgebring, wat ver weg geleë was. Van daardie
plek af kan 'n mens die vuur van 'Kabbo se plek in die aand sien
brand. Sy het met die kind daarheen aangesukkel, en sy ontmoet vir
'Kabbo halfpad. Hy is egter eers na die dooie moeder haar hut gegaan
om hul daar te soek, en het toe by daardie geleentheid die bene van
die dooie moeder daar sien rondlê--want haar lyk was net deur die
jakkalse verslind. Hy het in haas sy huis verlaat toe hy die tyding van
die moeder se siekte en dood van die moeder haar suster ontvang het;
want hy was bevrees dat die suster ook langs die pad sal sterwe en die
kind daar hulpeloos, lewendig en spelende by haar lyk laat, sodat die
jakkalse die kind lewendig sou verslind. Hy het sy huis vroeg in die
oggend verlaat en het die plek waar die moeder dood lê eers die aand
bereik. Hy maak toe 'n hut 'n entjie daarvandaan om in die nag daarin
te slaap. Die volgende oggend het hy die kind daar by die famielie
gaan soek. En dis toe dat hy die siek suster op pad ontmoet het. Hy
gaan toe weer met die kind na die hut wat hy laas gemaak het, slaap
die nag weer daar, en bereik sy eie huis eers die aand van daardie dag.
'Kabbo gaan voort om sy storie te vertel:--
"Ek het haar (Betjie) toe by my gebring; ek was toe nog 'n flukse
jong man en kon vinnig hardloop om te jag. En ek dink sy kan by my
oorvloed van kos kry, wat ek aan haar kan verskaf. Sy sou dit dan
eet. Sy sou dit saam met my eie kind eet, wat toe nog die enigste
was. Hulle sou saam opgroei en voor my uitgaan om te speel, daar
naby die hut; want albei eet my wild. Ek was vlug om te hardloop;
ek voel dat ek met hardloop nog baie goed kan inloop.
"Dan hardloop ek om 'n haas te vang; ek bring dit dan huis-toe in
my knapsak onderwyl die son warm is. Ek het geen springbokke gesien
nie, maar net 'n haas. Ek sien 'n pou en skiet dit. Ek steek dit in
my knapsak en bring dit huis-toe. My vrou pluk die vere tuis af. Sy
kook dit in die kleipot, dat ons sop kan eet.
"Die volgende dag gaan ek hase jag; ek loer orals in die skaduwee van
die bossies, ek skiet, die haas spring op en hardloop weg om verderaan
te vrek; ek tel dit op, sodat die kinders kan eet, want die springbokke
het weggetrek. Daarom moes ek hase vang deur agter hulle te hardloop,
dat hul deur die son se hitte kan dood val. Hulle word dan deur die
son doodgebrand; want ek weet dat die haas iets is wat nie water drink
nie. Dit eet net droë bossies en lek die dou wat daarop is. Daarom
bly die haas dorstig. Dit bly in die warm somer ook sonder water, daar
dit glad geen verstand van waterputte of damme het nie; so gaan hy nie
drink nie. Hy bly so en lê in die warm son in die koelte van bossies.
"Daarom hardloop ek agter hulle as die son warm is; sodat die son,
brandende, hulle vir my doodmaak; dat ek hul, dood deur die son,
kan eet; want dis mos ek wat hul rondgeja het, en hulle het in vrees
vir my gevlug. Uit dors en vrees gaan die haas lê om dood te gaan;
want hy het droog geword. Al die tyd het ek nie opgehou of gestap nie,
anders sou hy omgekyk het en dan van my weggehol het. Hy gaan lê om
te sterwe, want dis afmatting wat die haas uitgeput het. Die grond
was warm en het ook sy voete gebrand.
"Ek stap nader en tel die haas op en steek dit in die pylsak. Nou
gaan ek weer om 'n ander te soek. Dié een spring ook op en hol in die
son. Hy is bang en hol in die warmte rond. Ek agtervolg dié een ook en
hol tot hy ook deur die sonhitte dood val. Ek gaan ook dié haas optel,
breek sy vier bene en steek hom ook in die sak. Ek gaan dan rondom in
die bossies sy maat soek; want dit lyk vir my of hierdie haas getroud
kan wees. Ek soek nou na die wyfie. Ek haal die sak van my skouers
af dat ek vinnig kan hardloop, en lê die sak neer en vang hierdie
hasie ook. Ek bring die buit huis-toe, sodat ek, my vrou en die twee
kinders daarvan kan eet. Want ek is bang dat kambro die kinders sal
doodmaak; want in tyd van droogte gee dit skerp pyne in die kop en
'n gesuis in die ore.
"Die reën moet eers val, dan gaan ek volstruise jag. Hulle soek dan
water langs die bedding van die Harrivier en gaan dan drink. Ek gaan
voor die tyd en wag die volstruise daar af en bekruip hul in die
rivierbedding. Ek moet dan plat op my buik lê om hul te skiet. Die
volstruise wat na die weste gegaan het, kom terug om die nuwe water
te drink."
Ná dit spreek 'Kabbo sy verlange uit om van Kaapstad na sy woonplek
terug te keer. Hy wag nog vir die beloofde paar stewels, wat sterk
moet wees, want die son is warm en maak die pad ook warm. Sy woonplek
lê ver. Hy wag net op die terugkeer van die maan om te vertrek. Hy
sal sy huis bereik as die bome droog is en die blomme op die weg
daarheen verdor het. Hy sal nie eers na ander plekke toe gaan nie,
maar reguit huis-toe. Daar sal hy op die beloofde geweer wag; want
'n roer is iets wat vir 'n ou man sorg en hom nie honger laat ly
nie. Dit was net deur pure honger dat hy gedrewe was om skape te
steel en te slag, en so in die tronk gekom het. Maar met 'n roer kan
'n mens in winderige en bitter koue weer skiet, en dan het hy altyd
kos in sy huis en hoef dan nie ander se kos te eet nie.
NO. 95.
DIE KRAG VAN BYGELOOF.
OPMERKINGS:--Hierdie ware gebeurtenis is aan ons deur oom Karel
en sy broer Piet M---- vertel.
Net soos alle inboorlinge is die Boesman baie bygelowig. By hulle
bestaan daar altyd 'n vrees dat 'n bose gees of die gees van 'n
afgestorwene hulle gedurig gadeslaan om hul te straf as hul iets
verkeerds doen, of om hul te seën as hul hulle plig verrig. Gevolglik
is daar baie voorskrifte waaraan hul vir hulle moet hou. Bygeloof is
sterker by een persoon as by 'n ander wat hom minder aan kleinighede
steur, vernaamlik as dit hul ongerief en moeite besorg.
So vertel oom Karel en sy broer Piet toe ons oor bygeloof oor die
algemeen sit en praat:--
Hulle vader, oom Willem, het met droë vrugte en rolle tabak 'n
handelstog gaan maak en het met daardie geleentheid 'n jong Boesman
op die lyf geloop. Hy was 'n besonder geslepe ventjie en was spoedig
die gunsteling van hulle (die kinders van oom Willem). Hulle het hom
die naam van Krappies gegee. Hy was baie bygelowig, en dit was vir die
kinders te mooi; daarom kon hul so baie meer grappies met hom uitvoer.
Dit was nog in die slawetyd; maar Krappies was altyd 'n strepie
voor. Sy werk was dié van staljong en koesier, en verder moes hy vir
die varkens sorg en oplet waar die kalkoene en ganse nes maak. Voorwaar
geen swaar werk nie! Hy was op sy manier dood eerlik, maar nie by
tabak en sterk drank nie--hier steel hy waar 'n kans hom aanbied. In
die dag kry hy min kans om sy planne uit te voer, dus neem hy sy
kans waar in die aand of nag. Maar as daar op die plek sonder die
wete van Krappies 'n wit laken oor 'n regop stok gehang word, is dit
'n waarborg dat daardie drank of tabak vir Krappies ontoeganklik is.
Oom Willem se vrou sterf op haar ou dag en is in die famielie-kerkhof
daar naby op die werf begrawe. Krappies was toe ook al 'n ouerige
Boesman. Die kinders het by die graf 'n paar wit blomboompies geplant,
en toe roep oom Willem vir Krappies, stap met hom na die kerkhof en sê
aan hom dat die ounôi altyd vir hom so goed was, en om nou aan haar 'n
diens te bewys, moet hy sorg dat die blomboompies altyd water kry. En
as oom Willem eendag dood is, dan moet hy altyd die plantjies by sy
oubaas en ounôi se grafte kom nat gooi. Hy sal sien as hy dit doen
en die kerkhof verder van onkruid skoon hou, dat hy 'n gelukkige ou
dag sal hê; want die kinders sal vir hom sorg en oppas as hy siek is.
Dis te wonderlik watter effek hierdie versoek op ou Krappies gemaak
het. Van daardie dag af het hy al begin te sorg vir die kerkhof en
het nie toegelaat dat daar 'n grassie in groei nie. Hy was selfs nie
bang om saans daar by die kerkhof verby te loop nie. En die kinders
van oom Willem het dit so prysenswaardig van Krappies gevind dat
hul hom altyd vir sy attensie goed beloon het, en hulle het hom maar
daartoe aangemoedig.
Oom Willem sterf kort daarna en is naas sy vrou begrawe, en Krappies
word nog meer aan die kerkhof geheg; want hy vind, na sy mening,
dat die geeste van sy oubaas en ounôi hom seën. Almal het ou Krappies
in sy werk van plig geprys. Hy kom maar eenkeer in die maand by die
kerkhof as dit reën; maar in droë tyd dra hy water.
Maar in die laaste jare gebeur dit dat ou Krappies af en toe baie
spraaksaam en soms hoog deur die takke is, en dan sorg hy nie meer
so mooi vir die grafte nie. Hulle het al op alle maniere probeer om
uit te vind waar Krappies aan die drank kom, maar dit geluk nooit
nie. Hy kry dit by iemand anders; maar by wie?
Dit raak na Nuwejaar se kant; die kerkhof was verwaarloos. Krappies
kom sy kos haal om vir 'n hele dag daarin te werk, en niemand steur
hom verder aan Krappies nie. Hy bly die hele dag daar alleen--net
middag het hy sy kos kom haal en toe 'n dop wyn gekry.
Nou, laat ons eers die geheim vertel waar Krappies die drank vandaan
kry. Die slawe was toe lankal vry. Daar was een van die vrygeworde
slawe wat nooit gewerk het nie, en tog is hy nooit sonder geld nie. Hy
het met vertroubare volk ooreengekom dat as hul op sekere bepaalde
plekke geld plaas, hy dan in die nag daar brandewyn sal plaas en
die geld vir die brandewyn vat. Hy het te ordentlik gelyk en het
'n goeie getuigskrif van sy vorige baas gehad, sodat niemand die
minste slegte gedagte van hom gehad het nie; want hy het nog by dit
'n soort van handel gedrywe. Wel, Krappies se drank het hy altyd onder
die sipresboom in die kerkhof begrawe. Eers het Krappies saans matig
gedrink, en toe het hul nie uitgevind nie; maar later het hy in die
dag begin en word dan spraaksaam.
Ons kom weer terug na die dag toe Krappies so fluks die kerkhof
aangepak het. Nuwejaar is naby; alles moet mooi lyk. Hierdie slag was
daar nie brandewyn nie--die ander jong het met vergissing spieritus
van brandewyn in plaas van brandewyn onder die sipresboom die vorige
aand geplaas. Krappies het die sterkheid geproe, maar dag toe:
"Arrie, dis nou vir jou die regte stof!" Hy begin ná die middagete
op die dop wyn skerp aan die spieritus te drink en gaan dan weer
aan gras skoffel. Die slotsom was, toe die son haas ondergaan, het
Krappies half die horries gehad; want by al die drinkery kom nog dat
die daggapyp ook nu en dan aangespreek geword is.
Hy val vas aan die slaap, en dit word donker.
Ná hy 'n goeie ruk geslaap het, skrik hy wakker, glad deurmekaar,
sodat hy op die oomblik nie weet waar hy was nie. Hy proe nog die
smaak van spieritus in sy mond, en toe val hom iets by, nl. dat hy
in die kerkhof is. Hy kyk na sy ounôi haar grafsteen, en daar sit
'n uil (natuurlik denkbeeldig). Hy kyk na die sipresboom waaronder
die bottel begrawe lê--daar sien hy die oubaas met die bottel in die
hand staan en vra: "Krappies, Krappies, wat is dit?"
Maar Krappies kies die pad na die hekkie toe, en daar keer 'n bok
hom voor. Dog hy bars deur en hol tot in sy kamer waar hy slaap. Die
oubaas se gees het dié nag in die kamer gebly. Die ander dag was hy
siek en voel sleg. Daar het hy gelê tot hy beter was.
Maar in sy siekte kon hul sien dat iets hom kwel, en toe kom hy
met die geskiedenis uit soos hierbo vertel. Daarop het oom Karel en
oom Piet hom wysgemaak dat dit die gees van die oubaas was wat hom
kom regstel. Hy het dit so vas geglo dat hy nooit weer sy mond aan
drank wou sit nie; selfs het hy hard gestry om sy daggapyp te laat
staan. Maar tabak het hy bly rook.
Oom Karel het na die kerkhof gestap en het daar 'n halfbottel
spieritus gekry.
Hieruit kan ons sien dat 'n Boesman vir 'n ingrypende indruk ook
vatbaar is en dat die indruk by hom bly--vernaamlik as bygeloof daar
iets mee te doen het.
NO. 96.
NOG MEER OOR BYGELOOF.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is deur ou Bles in 1882 aan ons
meegedeel. Ons het net van die Agter-Hantam van 'n opmeting na
ons huis in Calvinia teruggekeer. Ons was pas terug, of ou Bles,
die Boesman, kom ook van sy kuier terug en het weer die nag in die
agterplaas geslaap. Hy het in die aand die volgende verhale vertel.
"Van ek van basie weggegaan het, het ek my ou maats gaan opsoek. Wat
nie weggetrek het nie, is dood; en dié wat ek ontmoet het, is die
jonger Boesmans, wat meestal onder die mense groot geword het; en
hulle weet van die ou dae maar min af. So kan basie ook sien ons ou
opregte nasie van Boesmans raak stadigaan gedaan, en dié wat oorbly,
sal naderhand nie meer ons taal kan praat nie. Al wat ek vir basie
van die ou dae kon uitvind, is die volgende verhale:--
"Daar ver aan die hang van 'n berg is 'n graafplek vir rooiklip. Die
Boesmans van ons tyd het altyd daar rooiklip gaan haal om hulle lyf mee
rooi te maak, om gebreide velle mee te kleur, en ook om mee mense en
diere teen die rotse af te skilder. Die man wat rooiklip het, was net
'n ryk man; want hy het daarmee onder verafwonende Boesmans handel
gedrywe. Hy het daarmee gehandel net wat sy hart begeer het; daarom
het sulke Boesmans groot gewaag om rooiklip by daardie graafplek te
gaan haal.
"Hulle het kom vertel dat in daardie berg baie kwaai towenaars woon en
dat hul soms hard met daardie towenaars oor die rooiklip moes baklei.
"Daar was in vanmelewe se dae--baie, baie lankal--'n ou geslag van
Boesmans. Hulle kon hulle in diere verander en kon ook ander goed
gemaak het. So het hul 'n gat aan die hang van die berg gegrawe;
toe maak hul rooiklip en bêre dit in daardie gat aan die hang van
die berg. Hulle het ook baie ander goed gemaak en dit daar in gate
weggesteek, want hulle woon in daardie berg, en dus kon hul mooi
oppas dat ander nie die goed opmors nie.
"Nou moet basie weet, dis nie somar almal se werk om daar rooiklip
te gaan haal nie. Hy moet man honderd wees. Maar iemand wat verstand
het en wat weet, kan daarnatoe gaan. Want so slim as die ou geslag
plek-plek was, so dom was hul plek-plek weer. Ons Boesmans wat nou
lewe, is baie slimmer om iets uit te dink en te begryp as wat hulle
was. Daardie ou geslag, weer, het baie snaakse dinge kon doen; hulle
het maklik in bome geklim, hulle het vir hulle kan verander, en kon
gevaarlik tower.
"Maar ons geslag, naamlik dié wat verstand het, kan daardie ou
towenaars uitoorlê. Ons het ook towenaars, wat slimmer as die oues
is. Dus, as ons na die graafplek van die rooiklip wil gaan, dan gaan
ons eers na een van ons towenaars toe en vra vir hom kouhoutjies om op
te byt, sodat ons die ou towenaars kan sien, maar hulle kan ons dan
nie sien nie. Dis mos 'n goeie plan hierdie, my basie--nie waar nie,
my basie?
"Ek het nou by 'n ou meid gekuier. Sy vertel haar man het altyd daar
by die berg van die rooiklip gaan haal. Hy het altyd sy eie towergoed
gemaak; dan het hy twee maats met hom na die berg toe meegeneem. Sy
vertel verder:--
"'Eendag stap die drie weer na die berg toe. Toe hul naby kom, begin
hul aan hulle kouhoutjies te kou. Toe was hul veilig. Hul stap nader
en begin toe te klim tot by die graafplek. Hul gooi al die tyd met
klippe orals in die rondte om die towenaars bang te maak. Die towenaars
kan wel die klippe sien val, maar weet nie van waar die klippe kom
nie. Die towenaars word dan bang en vlug in gate. 'n Gaatjie kan nie
te klein wees nie, of hul kan daarin kruip--ek meen die towenaars
kan daarin wegkruip. Hulle kan in 'n muisgat, in 'n skerpioengat, in
'n miergat--ja, in die kleinste gaatjie kan hulle wegkruip. Solank
die een grawe, moet die ander twee nie ophou om met klippe te gooi
nie. As hy klaar met grawe het, dan kom hy weer gooi om 'n ander een
'n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe; as hy genoeg het,
dan kom hy weer met klippe gooi om die ander wat nog nie gegrawe het
nie, 'n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe. As hul wegstap
met die sakke rooiklip agter hulle rug, dan slaan hul met stokke en
kieries sover as hul loop, tot hul weer op die vlakte is.
"'Nou, daardie dag toe die drie gestap het om rooiklip te gaan haal
en so met klippe gegooi het, en toe hul daar by die graafplek kom,
toe vlie uit 'n gat bo in die afgegrawe wal 'n witstert-spreeu uit,
en hy gaan op 'n bos daar naby sit en skree. My man sê toe aan sy
twee maats: "Pas op, dis een van die towenaars wat hom in 'n spreeu
verander het. Wie kan die beste skot met die pyl skiet? Dè, hier is
'n kouhoutjie." Die een kou aan die houtjie, kruip nader, skiet op
die spreeu, en tref hom. Hy stap nader, gaan sy pyl haal, maar vat
nie aan die voël nie.
"'Pas was hy terug, of daar kom bo-oor die randjie daar naby 'n groot
mannetjiesbobbejaan; hy wys sy tande, gryns en rek sy oë. Meteens
stap twee knewels van bobbejane agter die voorste aan. Hulle wys ook
tande, gryns en rek oë. My man (sê die ou meid aan Bles) gee vir sy
maats weer kouhoutjies, en al drie span hulle boë--en ieder Boesman
het sy bobbejaan teen die grond. Hulle wag 'n bietjie, en toe stap
hul nader om hulle pyle te gaan haal, wat die bobbejane self uit
hulle lywe getrek, maar weggesmyt het. Die bobbejane sit nes mense
en huil en trek self hulle eie ingewandes uit; en toe sterf hul. Want
die spreeu het hom nou in 'n bobbejaan verander en het toe twee ander
maats geroep. Die drie Boesmans het toe maar gou die rooiklip gegrawe
en haastig gemaak om terug te gaan.
"'Daar onder in die vlakte kry hul 'n slang, en toe weer 'n slang,
en toe weer 'n slang, en ieder maal kry hul 'n slang. En elkeen het
hul doodgemaak om te wys dat hul sterker is as die ou towenaars
en te toon dat hul deur die ou towenaars nie gepla wil wees nie;
want merk die ou towenaars dat iemand nie teen hulle kan opkom nie,
dan pla hul eers regtig.'
"Ja," sê ou Bles hierop, "nou kan my basie sien dat al wat 'n Boesman
wil hê, kom hy maar swaar aan; maar tog, ons is en bly 'n plesierige
nasie."
NO. 97.
'N BOESMAN SE OPVOEDING.
OPMERKINGS:--Die besonderhede omtrent hierdie onderwerp het ons
van ou Bles ontvang.
Die vernaamste opleiding wat 'n Boesman-jongetjie ontvang, is om goed
te kan jag; en die meidjie leer, deur haar ma te help, om met hulpelose
kinders om te gaan en om veldkos te grawe, daar dit meestal aan die
meid oorgelaat word om euntjies en wortels te grawe, om veldvrugte
te versamel, en om sulke goed te vang soos paddas, krappe, akkedisse,
en selfs wurms.
Daar bestaan haas geen sedelike opvoeding nie. Daar is hoegenaamd
geen geheime van samelewing wat nie vryuit voor kinders gepraat word
nie. En barbare is glad nie kieskeurig omtrent die onderwerpe van
hulle gesprekke nie. As gevra word waarom hul soms nakend, sonder
'n stuk klere loop, dan vra hul eenvoudig: "Hoekom loop die diere
sonder klere, en waarom moet 'n mens onnodig skaam wees as hy sonder
klere loop?" Maar tog, die Boesman besit 'n seker mate van skaamte
en loop nie heeltemal kaal nie--nes die inboorlinge van Midden-Afrika.
Die kinders leer wat te doen, meer deur aanluister en afkyk--met ander
woorde, hul leer meer deur na-aap as deur direkte onderrig. En wie is
'n groter na-aper as 'n kind? Al wat hulle ouers en ander volwassene
doen, wil en moet hul ook doen. Hulle kry seer en sukkel, maar later
kry hul dit tog op 'n manier reg; en nog later kan hul dit ook net
so goed, en soms beter, as die oues doen.
Daar bestaan by die Boesman haas geen ouderlike tug nie. Dis selde
dat hul 'n kind teen iets onbehoorliks waarsku, en nog minder word die
kinders oor kwaad gestraf. Maar wee die arme kind as sy pa of ma hom
eendag pak om hom 'n ranseling te gee--dan draai dit by die dood om;
dan slaan hul onbarmhartig. Dit gebeur ook dat as die jong of meid
net so groot en sterk as hulle ouers is, dat hulle hul dan deeglik
teen hulle ouers verset en terug slaan.
Die Boesman is eintlik nie 'n twisterige nasie nie, maar hy is
koppig. Hy gee nie in nie, of hy moet amper doodgeslaan wees; dan eers
hou hy op. Daarenteen is hy mededeelsaam; hy sal die laaste stukkie
met 'n ander deel en verwag dat daardie een dieselfde aan hom moet
doen--anders kom daar stry, of hy vat dit eenvoudig uit eie reg. Dit
alles aanskou die kinders, en hulle aap hulle ouers na.
Die wilde diere maak daar niks van om Boesmans op hulle slaapplek te
kom bekruip en op te eet nie. Daarom moet snags vuur gemaak word om
die diere mee te verdrywe. 'n Veldvuur is gesellig solank die slaaptyd
nog nie daar is nie. Ook die gesels en stories raak uitgeput, en dan
is daar niks beters om die tyd mee te verdrywe nie as om te dans.
Pretmaak hou kinders uit die slaap. Hulle let op die fyn passies wat
die dansers uitvoer, en begin, tot vermaak van hulle ouers en ander,
die passies na-aap. Van jongs af begin hul, word daardeur uitstekende
dansers en neem in knapheid toe namate hul opgroei. So word die
voornag en 'n deel van die na-nag met dans deurgebring.
Watter kind is daar in die wêreld wat nie by een of ander geleentheid
probeer het om 'n eie musiekinstrument te maak nie? Boesman-kinders
vorm hierop ook geen uitsondering nie: Hulle maak ook ghoeras en
ramkies, net soos hulle pa en ander dit doen; en spoedig boots hul
die riele na wat die ander speel. Deurdat dans 'n groot tydverdryf by
Boesmans uitmaak, en deurdat dans meer as helfte van sy bekoorlikheid
sonder musiek verloor, so word baie geoefen om musiek te kan speel
om daarmee danspartye te lei. Ook die ghoera ('n boog met een snaar
en 'n stuk vlerkveer, waarop geblaas word) dien om die eensame of
gesellige uurtjies aangenaam verby te laat vlie. Die kinders sien
dit alles en aap dit ook na.
Velle-brei is ook 'n kuns; die kinders slaan ag op die manier waarop
hulle ouers dit doen, en spoedig het elke kind 'n velletjie waaraan
hy besig is, en al doende leer hy om goeie werk te maak.
Op jeugdige ouderdom maak hul reeds kleiosse, of maak wild na met
potklei. Hulle word met die geaardheid van potklei bekend: hulle weet
watter soort bars as dit droog word, en watter soort nie bars nie. Of
spoedig vind hul uit dat potklei bars as dit in die sonskyn droog;
dus plaas hul hulle nat kleigoed in die skaduwee om te droog. Spoedig
aap hul--vernaamlik die meidjies--hulle moeders na om kleipotjies te
maak en kook kamtag hulle kos daarin. Maar die ma help hiermee haar
dogters reg.
Vroeg in sy jeug begin die jongetjie sy pyl en boog te maak en skiet
daarmee paddas en voëls, akkedisse en muise. In hierdie geval mag
die pa, die oupa, of 'n oom hul reg help om 'n goeie boog en pyl te
maak. Dog meestal is dit nie nodig nie. Hulle hoor genoeg oor boë
praat, en hoe al die goeie en slegte puntjies daarvan bespreek word.
Dus, 'n bepaalde skool om iets in te leer, weet die Boesman-kind
niks van af nie. Hy begin uit sy eie te oefen en volg maar die wenke
wat hy uit die gesprekke opvang. Maar tog, hier en daar word hy reg
gehelp. By voorbeeld, hulle wys die kinders watter giftige vrugte,
wortels of bossies te vermy. Ook word hul vertel wanneer sekere soorte
eetbare vrugte of wortels as voedsel skadelik word. Jong kinders word
voor oë gehou dat hul die ou Boesmans en meide moet respekteer. Dog
verder moet die kind maar self sien deur na-aping reg te kom. Ons
kan sê dit is nie veel beter as wat 'n aap sy kind opvoed nie.
Dit is die werk van die kinders om water in doppe van volstruiseiers of
in die maag van 'n springbok aan te dra; ook dra hul vuurmaakhout aan.
Maar bo alles is die vader daarop gesteld om van sy seun 'n goeie
jagter te maak. Hy neem die kind, as dié al goed muise en voëls
kan skiet, met hom saam veld-toe. Hy leer die kind hoe om wild te
bespied. As wild in gesig is, onderrig hy die seun waarlangs te kruip
en hoe om te kruip en dan hoe om die wild te skiet. Het die seun reeds
'n goeie begrip van die jag, dan word hom haarfyn die geaardheid van
ieder stuk wild uitgelê. Vernaamlik word hom planne aan die hand gegee
hoe om leeus, tiere en wolwe te beveg. Deur die geaardheid van ieder
wildding en verskeurende dier te ken, weet hy presies wat te doen
as hy die aanval moet maak; of as die woedende dier op hom aanval,
hoe om hom te gedra en te verdedig.
Ja, dierkundiges kan nog baie by 'n Boesman gaan leer wat die
geaardheid van ieder Afrikaanse dier is; want een skrywer volg die
ander, en so slaan almal die bal soms ver mis as die eerste skrywer
dit gedoen het.
NO. 98.
HOE 'N TIER BAAS GESPEEL HET.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is ook afkomstig van ou Bles, die
Boesman. Hy gaan met sy verhaal aan soos volg:--
"Toe ek 'n kind was, het verskeie jong Boesmans by die mense
gewerk. Hulle was nie bepaald slawe nie. Sommige het van hulle base
weggeloop en vir ons vertel hoe dit op die plase toegaan. So het my
oudste broer ook lus gekry om 'n tydjie op 'n plaas te gaan werk. Die
plaas het oorkant teen die ander berge (die Tulbaghse berge) gelê. Hy
het toe geleer om die taal van die witmense te praat, en sy oubaas
en ounôi was baie goed vir hom.
"Hy vra toe eendag verlof van sy baas om sy pa en ma te kom opsoek
en by hul 'n rukkie te kuier. Die oubaas het geweet as hy nie ja sê
nie, sal my broer tog wegloop; dus het hy maar ingestem dat my broer
kan loop. Toe hy by ons kom, het hy baie mooi goed saamgebring, soos
sakmesse, ysterhoepels om harpoene vir pyle te maak, en 'n koubeitel om
die yster mee in vorm te kap. Maar waaroor ons die meeste bly was, was
oor die twee honde wat hy meegebring het; want dié honde was deel van
sy betaling vir die werk by sy oubaas. Ons het lank vir honde gewerk.
"Hy vertel toe aan ons dat daar naby die plaas van sy oubaas 'n man
woon wat met negosiegoed rondry en handel; dié baas het gesê hy moet
tier- en jakkalsvelle bring, dan sal hy dit ruil--want geld het in
daardie dae vir ons Boesmans geen waarde gehad nie.
"Ons jong Boesmans was net bly om dit te hoor, want ons het reeds
verskeie tiervelle en ook jakkalsvelle gehad om te verhandel. Maar
nou kan die twee honde mos help om nog meer jakkalse te vang. En
daarin was hul net fluks.
"Ná 'n rukkie het ons net baie velle gehad, wat ons vir messe,
tonteldose en vuurslae, krale en 'n paar byltjies kan verhandel. Die
goed wat my broer gebring het, het vir ons net baie beteken; want
nou werk ons soveel makliker. Die strewe is nou om meer tier- en
jakkalsvelle in hande te kry. Ons ou volk het help vang; maar met
die wegbring wou hul net niks te doen hê nie. Hulle was vir die
witmense baie bang; dus het my oudste broer, wat die plek ken, en
'n ander Boesman die velle gaan verhandel.
"Daar was baie tiere in die Roggeveld- en Bokveld-berge in daardie
dae. Ons het geweet hoe om hul te verstrik of in vanggate te vang. Kyk,
my basie, dis nie algar se werk om 'n tier in 'n vanggat te vang
nie. Die dier se ruik is te fyn; en dan, hy is baie, baie versigtig om
uit gevaarlike plekke weg te bly. Maar ons het verstaan watter soort
gat om te maak. Onder in die gat plant ons lang spits houtpenne,
met punte so hard en skerp as 'n els. Aan die punte smeer ons van
dieselfde gif as wat ons aan ons pyle smeer. Dus, al kry hy maar
'n ligte wond, die gif maak hom dood. En dan, bo-op die vanggat moet
jy verstaan hoe om die grond en gras daaroor te reël en met bloed te
besprinkel, en agter plaas ons die stuk beenvleis.
"Op 'n sekere dag het ons 'n kwagga geskiet--een van die vaal
kwaggas. Ons het van die kwagga se bloed meegebring en het sy bladbeen
met 'n stuk vleis daaraan vir stel-aas gebruik. Net in daardie tyd het
'n tier snags gebrul. Tiere, nes katte, het sekere tye om snags te
brul, terwyl mak katte 'n lawaai opskop om 'n mens uit die slaap te
hou. Ons het gou die looppaadjie van die tier agtergekom en daarin
die vanggat gemaak; verder, ná alles in orde te gemaak het, het ons
na ons woning teruggegaan.
"Die volgende oggend sien ons wild daar oorkant teen 'n rand wei. Die
ou volk gaan toe daarheen; maar een van hulle met twee van ons jong
Boesmans, waarvan ek een was, moet gaan om te kyk of daar 'n tier
in die vanggat dood lê. Want kom hy uit die vanggat, die gif maak
hom tog dood. En los kom hy nie--dis te sê as hy in die gat geval
het. Die val was meer bedoel om hom met gif te wond.
"Ons kom by die vanggat, en daar sit die tier in een van die spits
penne vas--so dood as 'n klip. Die tier het vooroor getuimel, en die
skerp pen het die dier voor die bors tussen blad en ribbe ingesteek;
met die kop half na onder was hy volkome magteloos.
"Ons haal ons karosse af, ook plaas ons ons boë en pylsakke op die
grond, pak die tier aan die stert en agterpote en sleep hom uit. Dit
was te veel vir die mannetjie wat daar kortby lê. Hy spring op;
en eer ons kon padgee, was hy op ons. Hy pak een van ons deur hom
'n slag met sy skerp naels op die kop te gee en trek sy kopvel so te
sê heeltemal af. Hy byt die een dood. Sonder om ons pyle en boë te
gryp, vlug ons ander twee ieder in 'n boom. En daar sit ons veilig,
dog heeltemal weerloos. Dat hy ons nie dadelik agtervolg het nie, was
daaraan te danke dat ná hy ons maat doodgebyt het, hy ons velkarosse
gepak en aan flenters geskeur het. Hy bly by ons dooie maat en die
dooie wyfie lê. Hy was honger en begin somar die lyk te eet. Ons het
hom eers deur te raas en skree teruggehou; maar later kon ons dit
nie meer reg kry nie, want hy was te honger en het hom versadig aan
die lyk geëet. Knippel-dik geëet, gaan hy onder 'n groot bos in die
skaduwee lê om die lyk en die dooie wyfie op te pas.
"En ons! Wat kon ons anders doen as net om om hulp te roep. Maar wat
sal roep help? Ons mense jag daar ver teen die rand en in die kloof.
"Toe hul middag tuiskom en ons is nog nie daar nie, merk hul onraad en
maak plan om na ons te kom soek. Hulle kom nie reguit na ons toe nie,
maar klim eers teen 'n koppie daar naby ons uit en roep na ons. Ons
gee antwoord.
"Ons kon hul toe die toestand mooi vertel en sê waar die tier lê en
in watter bome hulle met hulle pyl en boog kon klim; dan sal ons die
tier terg om hom uit te lok, en dan kan hul hom skiet.
"Die Boesmans raak daar weg en gaan om 'n ander koppie om die tier van
'n ander rigting te bekruip as dié vanwaar hul met ons gepraat het;
want die tier het daardie koppie gedurig in die oog gehou en voel
nou onrustiger as tevore.
"Twee van die beste skutters het nader gekruip en het die plan
fyn oorlê; want toe die tier nog gedurig na die plek kyk vanwaar
hy die stemme gehoor het, toe vlug die twee ieder in 'n boom naby
ons. Die tier swaai stert, dog lê maar stil. Ons lok hom toe uit,
en hy kom. Die skutters lok hom toe weer uit, en hy gaan daarheen,
om daar sy doodskot te ontvang.
"So was die tier 'n hele dag oor ons baas."
NO. 99.
TWEE VERWANTE STORIES.
OPMERKINGS:--Die eerste storie is ook afkomstig van ou Bles,
die Boesman. Ná sy laaste besoek aan ons op Calvinia moes ons
die volgende dag na Roggeveld vertrek om daar te meet; dus het
ons hom nooit weer ontmoet nie, waaroor ons baie spyt het, daar
sy verstand op sy hoë ouderdom nog heeltemal helder was en hy so
baie kon vertel.
Eendag sê 'n ou Boesman van die ou geslag aan sy seun om fluitjiesriet
te gaan haal om pyle van te maak. Tegelykertyd waarsku hy die seun
teen 'n ou towenaar wat daardie riet oppas, sodat die ou volk nie
sulke goeie pyle kan maak nie; hul moet dan maar vir hul met slegte
fluitjiesriet behelp. Hy gee die seun 'n sekere pyl om die towenaar
mee te skiet; die pyl sal hom so brand dat hy niks sal kan doen nie.
Maar die seun was eiewys; hy stap na sy hut waar hy slaap, en neem sy
eie pyle met hom mee en neem die vurige pyl van sy vader nie mee nie.
Toe die seun by die plek kom waar daardie goeie fluitjiesriet groei,
begin hy somar op die daad te sny. Die ou towenaar verander hom en
sy famielie in leeus, en hy vra aan die seun om te vertel wat hy daar
maak. Die seun antwoord dat sy vader hom gestuur het om riet vir pyle
te kom haal.
"Hoekom vra jy nie eers vir my nie?" vra die leeu.
"Ek het jou nie gesien nie," werp die seun teë.
Toe byt die leeu die seun dood. Die leeu se drie kinders spring toe
heen en weer oor die lyk en sing:--
Hy steel ons fluitjiesriet,
Hy steel ons fluitjiesriet
Om pyl te maak.
Ons pa het hom verslaan,
Ons pa het hom verslaan;
Sy pa weet niks!
Toe die seun oor sy tyd wegbly, sê die vader aan sy vrou: "Ons seun
is dood; ek kan dit aan my dolosse sien, en ek moet gaan kyk."
Hy kyk in sy seun se hut en kry die brandpyl daarin, en hy stap na
die plek waar sy seun dood lê. Toe hy daar kom, kom die leeu nader
en vra wat die ander man daar kom soek.
"Ek kom fluitjiesriet haal," antwoord die man.
"Nou ja, dan sal ek vir jou ook doodbyt," sê die leeu.
Onderwyl spring die leeu se kinders nog altyd oor die lyk en sing een
streep deur; dog hul verander die woorde nou en dan. Die leeu storm
die man (wat ook kan tower); die man skiet hom met die brandpyl;
toe brand die lywe van die hele gesin ook, en algar vlug.
Die volgende storie, wat groot verwantskap met die juis neergeskrewe
storie besit, is deur mnr. Joseph M. Orpen, Britse Resident
in Grikwaland-Oos, aan die Cape Monthly Magazine van Julie
1874 meegedeel. Dit is 'n vertelling deur 'n Boesman uit die
Maloetie-gebergtes. Dit lui soos volg:--
Storie van Cagn. [2]
Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te
maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep
toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie
hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het
om latte te sny om boë van te maak.
Dus sê hulle: "Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die
boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak."
En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van 'n
boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing 'n onbeskryflike
bobbejaanlied met 'n koor wat sê: "Cagn dink hy is slim."
Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word,
sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang
dié oor sy neus, en hy sê: "Die bobbejane het vir Cogaz opgehang."
Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar
naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur
hul die naam Cagn uitlaat.
Maar 'n bobbejaan-meisiekind sê: "Moenie só sing nie; kom, sing soos
julle tevore gesing het."
Cagn sê toe: "Sing soos die klein meisie verlang."
En hulle sing en dans soos tevore.
En Cagn sê: "Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek
wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom."
Hy stap toe weg om 'n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy
terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf 'n pen in
elkeen se rug en gee dit boonop 'n buig--want hulle het so gedans dat
dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar
te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as 'n straf vir hulle.
Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte,
en hulle sterte hang afgebuig.
Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.
NO. 100.
UIT DIE BEK VAN 'N KROKODIL ONTSNAP.
OPMERKINGS:--Dit was in die jaar 1883, ná ons Pietretief as dorp
uitgelê het en op terugreis na Pretoria was, dat die besonderhede
van hierdie verhaal aan ons op die Hoëveld een aand deur 'n
Boesman meegedeel is.
'n Boesman besit 'n sekere mate van trots in hom en voel glad nie
lekker as iemand gedurig van sy kleinheid van persoon gewag maak
nie. Hy voel erg trots as hy iemand iets kan wys waarmee die persoon
onbekend is. Dit het ons een aand in besonder opgemerk.
Ons het skemeraand op die ope Hoëveld uitgespan. Dit was op 'n publieke
uitspanning naby 'n spruit water. Ofskoon dit in die somermaande was,
was dit daardie aand koud, soos dit soms op die Hoëveld kan koud
word. Solank die osse nog wei, was my Kafferdrywer besig misbolle
op te tel om vuur te maak. Onderwyl maak 'n Boesman sy verskyning;
en toe die Kaffer hom op korswelwyse vra waar hy vandaan kom, en of
hy daar somar uit die grond gekruip het, was hy enigsins beledigd en
wou nie verder met die Kaffer praat nie; maar toe dié aan die Boesman
'n pruimpie tabak gee, verander die Boesman dadelik van houding--want
nou neem my Kaffer mos notiesie van hom. Ons het geen wa-leier gehad
nie; dus beloof ons hom 'n vergoeding as hy wil help om vuurmaakgoed
te versamel en een en ander te doen.
Ná die osse aan die juk vasgemaak was, begin die Kaffer vuur te maak;
want daar was nou 'n oorvloed van brandstof. Ons persoonlik klim uit
die wa om langs die vuur te gaan sit.
Die Boesman het die vuur so gestaan en bekyk en het eers niks daaroor
gesê nie. Maar later merk hy op: "Baas, ek kan somar sien julle
witmense, en hier my maat, verstaan nog nie om met misbolle vuur te
maak nie; laat ek vir julle wys."
Hy pak toe die misbolle om die vuur nes 'n skoorsteen van agtien duim
hoog. Spoedig slaan in daardie skoorsteen 'n vlam op asof dit 'n vuur
is wat met hout gemaak is. Dit was natuurlik 'n lekker warm vuur. Ons
vergeet nooit hoe trots hy gevoel het dat hy dit só reggekry het nie,
want hy voeg nog daarby: "Baas verstaan net om droster-vuurtjies
te maak."
Ons het die les vir altyd onthou. Ons bemerk dat hy aan een been,
onderkant die knie, 'n gebrek het, en vra hom wat die oorsaak daarvan
was. Hy wys die plek aan ons en vertel sy verhaal soos volg:--
"Ek was eenmaal saam met my oubaas na die skietveld toe. My werk
was om na die osse te kyk. Daar in die spruit waar ons staanplek
was, was groot seekoegate: maar ons het nie eintlik krokodille daar
gewaar nie. Dus was ons min of meer gerus--in ieder geval, ek was
perdgerus. Maar ek dink dat die bloed van die wild wat my oubaas-hulle
geskiet het, en die bloed-besmeerde goed wat gedurig in die spruit
gewas is, die krokodil aangelok het.
"Ek en my kleinbaas stap eendag deur vlak water (bokant 'n seekoegat)
deur die spruit. Net soos ons halfpad was, het 'n krokodil my aan my
been; hy vang my onderkant my knie en sleep my die seekoegat in. Met
die sleep kom my hand teen die horings van 'n wilde bok waaraan die
krokodil net besig was om te eet. Hy trek my toe in 'n gat onder die
water in. Die gat gaan skuins in die wal op. Die krokodil los my toe
daar en gaan weer aan sy bok vreet. Ek hou my of ek morsdood is.
"Nou, baas sal sien, as 'n witman en 'n Boesman deur water stap, dan
sal die krokodil nooit die witman pak nie, maar wel die Boesman. Net so
met 'n leeu: As 'n Boesman tussen witmense slaap, sal hy die witmense
verbygaan en die Boesman pak en wegdra.
"Wel, in hierdie geval was my kleinbasie nader aan die krokodil,
en tog kom hy my aan die ander kant van die kleinbaas vang. Kan baas
vir my sê waarom ons arme Boesmans sulke ongelukkige skepsels is?"
Ons versoek hom om voort te gaan en te vertel hoe hy van die krokodil
verlos geraak het.
Hy vervolg: "Die krokodil het gedink ek was dood; want ek het my
morsdood aangestel toe hy my in die gat onder die wal insleep. Elke
maal kom hy loer of ek nog stil lê. Ek voel toe so benoud. Ek verwag
dat hy enige tyd sal kom om aan my te vreet, want ek weet mos nie
hoeveel kos hy daar het nie, en ook hoeveel hulle is nie.
"Toe my oë aan die donker gewend raak en ek reg kom (want ek was half
versmoor onder die water), toe kyk ek orals rond en sien 'n ligstraal
bo deur 'n skeur skyn. Ek kruip saggies hoër en sien dis net 'n groot
skeur. My wonde waar die krokodil my gebyt het, bloei--want ek kan
die warm bloed voel tap.
"Net toe ek klaarmaak om bo-uit te vlug, kom die krokodil weer loer
en gee my net 'n seer byt aan die been--glo om te kyk of ek regtig
dood is. Ek lê so stil en haal saggies asem, Hy draai terug en gaan
weer vreet.
"Toe neem ek my kans waar. Ek beur deur die nou skeur. Ek hou my
smal en dun. En bo-uit is ek! en hol vinnig weg. Maar hier borrel
die krokodil ook uit en hol 'n ent agterna; dog ek hardloop met my
seer been skoon van sy lyf weg."
NOTAS
[1] 'Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.
[2] [Cagn in hierdie storie moet lees 'Kaggen--die Boesman-naam
vir 'n Hottentotsgod.--Die Skrywer.]
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 4. GEMENGDE VERTELLINGS, MEES VAN 'N AWONTUURLIKE AARD ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Iets oor die Boesmankultuur
'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie | Van Reenen, Reenen J. | 1,884 | 1,935 | Reenen, Reenen J. van | https://af.wikipedia.org/wiki/Reenen_J._van_Reenen | af | [
"LCSH=San (African people)",
"LCSH=Ethnology -- Africa, Southern",
"LCSH=Art, San",
"LCC=DT"
] | [
""
] | 2020-02-27 00:00:00 | 51 | The Project Gutenberg eBook of Iets oor die Boesmankultuur
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Iets oor die Boesmankultuur
Author: Reenen J. Van Reenen
Release date: February 27, 2020 [eBook #61525]
Language: Afrikaans
Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg (This file was produced from images generously made available by The Internet Archive)
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK IETS OOR DIE BOESMANKULTUUR ***
Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at http://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)
IETS OOR DIE
BOESMANKULTUUR
DEUR
REENEN J. VAN REENEN.
'n Lesing gehou
voor die Suid-Afrikaanse Akademie
op Stellenbosch, Januarie 1920,
en gedruk op las van
die Akademie.
De Nationale Pers Beperkt, Bloemfontein,
1920.
VOORWOORD.
Die boekie wat nou die wereld ingaan is 'n afdruk van 'n lesing wat
ek in Januarie 1920 voor die Suid-Afrikaanse Akademie by hul sitting
op Stellenbosch gehou het.
Deur hul kuns is my belangstelling in die dwergies eers gewek, en
later toe ek besef dat alleen deur 'n dieper studie van hul "kultuur"
'n mens die Boesmankuns ten volle kan waardeer, het ek besluit om die
nodige kennis te probeer opdoen. Die studie het vir my die Boesman
in 'n heeltemal nuwe lig getoon, en was vir my so interessant dat ek
goedgedink het om my ontdekkinge aan die Akademie mee te deel in die
hoop dat hulle ook die onderwerp van belang sou vind. Dat my hoop
nie ongegrond was nie, word bewys deur die feit dat hul my die eer
aangedoen het om die lesing in boekvorm te laat druk.
Soos ek in die inleiding sê, is diè lesing maar 'n voorlopige rapport
in verband met my studie. Later, as daar genoeg belangstelling getoon
word, sal ek miskien 'n meer afgewerkte behandeling van die onderwerp
kan uitgee en verder besonderhede oor die beeldende kuns van die
Boesman byeenbring.
By so 'n molike later uitgawe sal daar 'n geleentheid wees vir
volledige aantekeninge in verband met die bibliografie.
R. J. v. R.
Bloemfontein,
Oktober 1920.
INHOUD.
Inleiding 7
Ouderdom van die Boesmankultuur 7
Oorsprong van die Boesman 10
Afleiding van die woord "Boesman" 13
Voedsel van die Boesman 16
Onreinigheid 17
Onsedelikheid 18
Kindermoord 18
Moord en diefstal 20
Mishandeling van diere 20
Uitroeiing van die Boesman 21
Die saak van die Boesman se kant beskou 24
Godsdiens 28
Die Jag 36
Eiendomsbesef 41
Liggaamsbou 45
Boerdery 45
Regeringsvorm en organisasie 46
Opvoeding 47
Persoonlike name 49
Verhouding tussen Boesmans en hul bure 50
Dapperheid 52
Vryheidsliefde 53
Eerlikheid en Hoflikheid 56
Geduld 56
Taal 57
Aardkunde 60
Aardrykskunde 60
Rekenkunde 60
Dierkunde 61
Geneeskunde 62
Plantkunde 63
Sterrekunde 63
Digterlikheid en Letterkunde 65
Toneel- en Danskuns 66
Musiek 67
Beeldendekunste 69
IETS OOR DIE BOESMANKULTUUR.
INLEIDING.
Die lesing dien as 'n voorlopige rapport in verband met my studie
van die Boesman soos hy deur reisigers en ander beskrywe is.
Die gepubliseerde materiaal wat vir 'n studie van die kultuur van
dié ras beskikbaar is, is ongelukkig maar gering, en daarby so
versprei--hier 'n sin en daar 'n paragraaf in die verhale van die
honderd-en-een ou reisigers in ons land--dat die versameling van die
bietjie materiaal alleen, sonder om dit te rangskik en gevolgtrekkinge
te maak, 'n werk is wat baie tyd eis. Die nodige tyd en geleentheid
het totdusver ontbreek om selfs alleen al die voornaamste bronne te
ondersoek, maar daar is in die laaste tyd in Suid-Afrika, in altwee
tale, soveel onjuisthede en halwe feite in die verband gepubliseer,
dat dit ook miskien geregverdig is om met so 'n voorlopige halfbewerkte
betoog voor die wêreld te verskyn as 'n teegif teen genoemde verkeerde
voorstellinge. As dié lesing dié gevolg sal hê, en as die beskrywing
van die verskillende onderdele van die onderwerp wat hier nog nie
volledig uitgewerk is nie, belangstelling sal opwek, is die doel van
die skrywer vereers bereik.
OUDERDOM VAN DIE KULTUUR.
Van al die woorde in 'n taal waarvan dit moeilik is om sekuur die
populêre betekenis te bepaal, veroorsaak die woord 'kultuur' miskien
meer moeilikheid as enige ander. Dit beteken so veel, en tegelykertyd
so min; maar hoe wyd ook, of hoe nou 'n mens die grense van die
woord bepaal, bly een ding seker, dat die kultuur en die volk seer
dig, byna onskeidbaar aanmekaar geheg is. 'n Indiwidu kan verraaier
speel, kan sy volk se kultuur verlaat, en die van 'n ander aanneem,
met 'n weinig meer moeite of inspanning as wanneer hy hom verklee;
maar met 'n volk as 'n geheel gaan dit nie so maklik nie, en hoe ouer
die kultuur, hoe moeiliker kom 'n verandering.
Dit is dus 'n saak van belang in die studie van die kultuur van 'n
volk, om, indien molik, die ouderdom van die kultuur vas te stel. As
ons dit in verband met die Boesman probeer navors, word dit nodig om
die aandag te vestig op iets ver buite die grense van Boesmanland,
selfs soos dit bestaan het in die dae van Bartholomeus Diaz. En dit
is treffend dat dit die beoefening van die beeldende kunste is, waarin
die Boesman so wonderlik uitgeblink het, wat vir ons, na duisende jare,
die spoor van die Oervolk bewaar het.
In die jaar 1878 besoek 'n Spaanse edelman, Marcellino de Santuola,
met sy dogtertjie die nou beroemde Altamira grot. Hy het gehoor van
oorblyfsels van die steenperiode wat in grotte gevind word, en gaan toe
daar aan grawe en snuffel om te sien of hy nie ook iets dergelyks kan
ontdek nie. Die dogtertjie begin haar intussen verveel, en dwaal van
haar vader se sy. Nie te lank nie, of sy roep uit "Toros! Toros!" En
toe die woorde later deur die verstrooidheid van die edelman, haar
vader, gedring het, blyk dit dat sy skilderye van buffels op die
plafon ontdek het op 'n plek waar haar vader moes buk om deur te kom,
maar waar sy regop kon loop, en alles mooi bekyk.
Vir die eerste keer na duisende jare word die werk van die ou
kunstenare--ware ou meesters--weer deur mense-oë bewonder [1].
"Wat het dit met die Boesman te doen?" sal u miskien vra. In dieselfde
omgewing, in Frankryk sowel as in Spanje, is daar toe in ander grotte
skilderye gevind, en 'n verbasende ooreenkoms tussen die kuns van
die ou Europeane en die Boesmans word openbaar. Deur die Abbé Henri
Breuil is 'n versameling gemaak, en in drie pragwerke uitgegee wat
besonder interessant is vir Palaeontoloë, Etnoloë en kunstenare. As
'n Afrikaner sy plate deurblaai, dink hy onwillekeurig aan die
Boesmans. Die behandeling van die onderwerp, die kleure, die tegniek
(laasgenoemde kan die skrywer nog nie self van getuie nie) bewys
'n sterk ooreenstemming. In besonder is daar een skildery wat byna
dieselfde is as een wat die skrywer self in die Vrystaat gevind het
[2].
Daar bestaan altoos die gevaar van die persoonlike faktor in die
ondersoek van so 'n onderwerp. Die navorser wil 'n seker ding hê, en
sit eers oogklappe langs sy oë sodat hy nog herwaarts nog derwaarts
kan kyk en miskien iets raak sien wat sy geliefkooste teorie sal
laat skipbreuk ly nie. Om dus alleen op grond van 'n ooreenstemming,
hoe sterk ook al, in die tegniek van die kuns van twee volke, wat
deur sowat twintig duisend jaar geskei is, te beweer dat hulle een
en dieselfde volk is, sou gewaag wees; en dit moet nog bewys word
dat die ou kunstenare en ons Boesmans met mekaar verwant is.
Laat ons nou eers die argumente hoor van Dr. Sollas (professor in
Geologie en Palaeontologie in Oxford) op die gebied van rein wetenskap,
afgesien van kuns.
Hy bewys dat die beeldjies [3] van die vroue van die ras wat die
skilderye gemaak het, van dieselfde liggaamsbou as die Boesmanmeide is
(want hulle het nie skilderye van hulle vrouens agtergelaat nie), en
na hy die ooreenstemming van die twee skilderkunste en die bou van die
vrouens van die twee volke oorweeg het, sê hy dat die vermoedelike
konneksie tussen die Aurignaciers (d.w.s. die gedeelte van die
Palaeolietiese mens wat die Spaanse en Franse skilderye gemaak het)
aan die een kant, en die Boesmans aan die ander begin 'n skyn van
molikheid aan te neem; en ons kan nou voortgaan met die oorweging
van die getuienis verskaf deur die oorblyfsels van die Aurignaciers
self. Hy bespreek dan die kopbene en die geraamtes wat daar gevind is,
en sê dan dat die bymekaargemaakte materiaal nou al byna genoeg is
en voldoende bewys dat Mentone by die begin van die Aurignaciese eeu
bewoon was deur 'n stam wat met die Boesman verwant is. Dat die stam
oor Suid-Frankryk, en Noord-Spanje versprei was, is hoogswaarskynlik;
dit is molik dat hulle selfs so ver as België te vinde was as 'n mens
dit kan aflei van die poppetjie by Pont-à-Lesse gevind, en miskien ook
in Oostenryk op die getuienis van die Negerse beeldjie van Willendorf.
Die hooggeleerde dokter vind 'n haakplek in die feit dat die
brein-inhoud van die ou kopbene groter is as die Boesmanskedel;
maar sê in die opsomming en slot van sy argument dat dit duidelik
is dat in die Aurignaciese eeu daar gelyktydig twee rasse of stamme
bestaan het, een waarvan met die Boesman verwant is. 'n Eienaardige
bevestiging van hierdie gevolgtrekking is onlangs gevind in ou spore
van hande en voete in die sand van die grotte, want in party gevalle,
soos by Gorgas, is hulle klein, en bewys 'n klein ras, terwyl hulle in
Castello groot is met klein vingers en 'n lang palm wat bewys is van
'n ras bestaande uit lang mense.
OORSPRONG VAN DIE BOESMAN.
Sollas beweer dan dat die dwergies uit Europa gedruk is deur hoër
rasse wat agternagekom het, en dat die klein volk op dié manier
na Suid-Afrika verdrewe is, maar hiermee kan die skrywer hom nog
nie vereenselwig nie, want uit reproduksies van Boesmantekeninge
in Noord-Afrika wat totdusver onder sy aandag gekom het, blyk dit
dat die tekeninge en skilderye, hoe verder suid, hoe beter word,
alhoewel dit nog nie molik is om so 'n teorie op te stel nie. Maar as
dit sou waar wees, sou dit bewys dat die oorspronklike stam nog nie
in kuns ten volle ontwikkel het voor hulle uitmekaar gegaan het nie;
met ander woorde, dat die Aurignaciers nie vaders nie, maar miskien
ooms of neefs van die Boesmans is. Maar dit bly ook moeilik om te
verstaan hoe die Aurignaciers of "Franse Boesmans" onafhanklik van
die Afrikaanse Boesmans, op kunsgebied, so gelyk ontwikkel het.
Volgens Theal, beweer Quatrefages, die beroemde Franse antropoloog,
in sy werk oor die Dwergies, dat dié volk (die Boesman inbegrepe) uit
Suid-Asië kom; dat hul daarvandaan ooswaarts na Japan, en weswaarts
na Afrika oor die Bab-el-Mandeb-seeëngte en die Aden-golf getrek
het. As die bewering reg is, sou die Franse, Asiatiese en Afrikaanse
Boesmans, as 't ware neefs van mekaar wees; maar die laaste woorde
hieroor het nog nie geval nie, en die skrywer het nog nie genoeg in
die saak ingegaan om een of ander van die deskundiges se teorië te
kan aanneem nie.
Hoe dit ook al mag wees, "Boesmantekeninge" (d.w.s. tekeninge van
primitiewe volke wat na die tekeninge van Boesmans lyk) is gevind nie
alleen oor die hele Unie van Suid-Afrika en Basoetoeland nie, maar
ook in Suid-Algerië, in die Sahara noord, oos, en suid van Mursuk,
suid van Oran, in Morokko, ens. [4]
Dat die Boesman gevoel het dat hy aan 'n ou, ou ras behoort, is bewys
deur 'n storie wat Campbell die sendeling vertel. As Campbell die
Boesmans kon raad gee, was hy in sy skik, en hy beveel ook eenkeer vir
Houkay, 'n Boesmankaptein, aan, om 'n jong kameelperd te vang, en dit
te dresseer, sodat hy dit as 'n jagperd kon gebruik. "Nee," sê Houkay,
"my voorvaders het met die oerkameelperd saamgespeel; as hulle die dier
geleer het, sou ek dit ook doen, maar nou het hul te sterk geword."
Van die ou voor-historiese tyd tot die witman na Suid-Afrika gekom het,
weet ons maar min van die Boesman af.
Sollas praat van gebakte kleibeelde van vrouens, soos Boesmanmeide,
van voor-dinastiese tye wat in Egipte gevind is. Theal en ander
skrywers haal ook aan wat Plinius en Herodotus oor die Troglodiete
skrywe: dat hul dwergies is, in grotte woon, en nie praat nie, maar
soos vlermuise of kalkoene kwaak. Ook sou die Egiptiese konings enige
van die dwergies laat kom het van die land ten suide van Egipte om
voor hulle te dans. Dit moet dan bewys dat die Boesman in daardie
dae nog nie deur die Bantoe verdrywe was nie; maar ook hier moet ons
voorsigtig wees want die beroemde Duitse professor Friederich Ratzel
gebruik dieselfde aanhaling uit Herodotus om die hedendaagse mense
van Tibboeland te beskrywe.
Wat ook die waarheid is, bly een ding seker, naamlik dat die Boesmans
in Suid-Afrika was voor die Hottentot, en voor die Bantoe; maar
of hul die eerste mense in Suid-Afrika was, en soos Fitsimons in sy
"Monkeyfolk of South Africa" grappig beweer, die land van die bobejane
afgeneem het, is seer twyfelagtig. Gelukkig is dit vir ons doel nie
van veel belang nie. Soos Theal neerlê, sou dit onmolik gewees het
vir die Boesman wat ongetwyfeld uit die Noorde kom, om sy pad deur
die sterker rasse te veg, en ons kan dus seker wees dat die Boesman
voor die Bantoe hier in ons land aangekom het. Die naam "Baroa"
(d.w.s. die mense van die suide), wat die Basoetoes vir die Boesmans
gebruik, is ook 'n bewys hiervan.
AFLEIDING VAN DIE WOORD BOESMAN.
Van die name wat ander nasies vir hul gegee het, sal later weer
iets gemeld word as ons die verhouding tussen die Boesmans en
hulle bure behandel; maar ons sal nou eers ons eie woord vir die
eienaardige dwergies moet bespreek. Boesmans, Bushmen, Buschmänner,
Boschimans--al die beskaafde tale lei die woord af van die Neerlandse
Bosjesmannen. Hoe Bosjesmannen verkort word tot Boesmans en nie
Bosmans of Bossiesmans nie, kan ons voorlopig oorlaat aan ons
Afrikaanse taalgeleerdes; maar hoe kom die Hollanders aan die naam
Bosjesman? Al die oudste Hollandse reisigers gebruik die woord Sonqua
(wat vandag, sover die skrywer weet, alleen nog bestaan in die woord
sonquariet) vir die nasie. Hoe het dit dan gekom dat die ander naam
populêr geword is? En waar kom dit vandaan? Die mense was tog nie
bos-bewoners nie. Soos Fritsch in sy "Die Eingeborenen Südafrikas"
sê, Lichtenstein se bewering dat hulle Bosjesmannen genoem word,
omdat hulle agter bossies woon, is belaglik; net soos die rede van
die "Select Committee on Aborigines" wat beweer het dat die naam
te wyte is aan die feit dat die ras liewer op die veld of in die
bos wou lewe as om diensbodes van die blanke te word. Fritsch gee
'n ander afleiding van die woord. Hy wil hê dat die Neerlandse woord
sou gelyk staan nie met die Duitse woord "Waldbewohner" nie, maar
met "Waldmensch" d.w.s., 'n indiwidu van 'n seker fabelagtige ras
wat soölogies tussen man en aap staan. Om dit te bewys haal hy aan
dat Van Riebeek in sy dagboek melding maak dat hulle op die berg,
'n dooie "Boschmanneken" gevind het, wat in Batavia "Ooerang-oetang"
heet. Dit sou dan 'n skelnaam vir die Boesmans geword het wat mettertyd
meer en meer populêr geword het, en meer in die Nederlandse mond pas
as die uitheemse woord "Sonqua." Fritsch siteer ook 'n offisiële berig
van die jaar 1685 wat meld dat "Kaptein Klaas, 'n Hottentothoofman,
oorlog gemaak het met die Sonqua, algemeen 'Bosjesmannen' genoem."
Dit mag vir sommige ongeloofbaar klink dat die koloniste deur dié
aangenome naam, dit feitlik in twyfel trek of die Boesman werklik
mens is, maar selfs tot in die dae van "Die Patriot" het daar
twyfel bestaan, en die lesers het serieus die vraagstuk in die
korrespondensie-kolomme van genoemde blad bespreek. Lichtenstein
in die begin van die neentiende eeu vertel dat die Boere nie meer
eerbied vir die lyk van 'n Boesman betoon het, as die van 'n wilde
dier nie. In 1850 is daar 'n boek geskrywe deur Rev. Thornley Smith,
'n Wesleyaanse sendeling met sewe jaar ondervinding in Suid-Afrika,
en die volgende vertaling van 'n paar sinne uit sy boek bewys dat
dié Eerwaarde heer self twyfel had, of dag dat sy Engelse lesers
miskien sou twyfel of die kleintjies regtig mense was. Hy beskrywe
'n grot met Boesmantekeninge versier, en dan sê hy:--
"Waarvandaan, mag 'n mens vra, het die wilde bewoners van die
kranse hulle kuns gekry? Durf ons dit beskou as 'n bewys van
'n bewussyn? Word sulke vaardigheid ooit geopenbaar buiten deur
die mens?"
En as die mense van die neentiende eeu--Afrikaners sowel as
uitlanders--nie oor die punt eens is nie, is dit tog heeltemal
aanneembaar dat Van Riebeek se mense, ongewoon aan die neger, seker
was dat die Boesmans nie aan die menslike ras behoort.
Fritsch se verklaring dan van die afleiding van die woord Bosjesman
is waarskynlik die regte; maar molik sal ons taalgeleerdes deur die
vorm "Boesman", op 'n verklaring kom wat nog meer aanneembaar is as
die van Fritsch.
VOEDSEL VAN DIE BOESMAN.
Maar dit is nie te sê, al het die Boesmans ook 'n pedigree soveel
duisende jare oud, dat hulle aristokrate was, of die fyn maniere
had wat 'n mens van die lui verwag nie. Om nou met hulle ete en
drinke te begin: soos Fritsch dit uitdruk, eet hulle enigiets
wat hul tande kan kou, en drink hulle alles wat nat is. En dit
is byna letterlik waar. Die ou reisigers gaan nog taamlik diep
in onaangename besonderhede om te vertel hoe hulle die hele dier
skoon opgeëet het--net die bene bly oor, en hulle word vir die murg
gebreek. Weliswaar dat hulle bygeloof hul belet het om een of ander,
vir ons heeltemal skoon, deel van 'n dier te eet, soos byvoorbeeld die
biltongvleis van die hasie; maar dit was alleen hulle bygeloof, en dit
was geen idee van gesondheid of fynheid wat hul beweeg het nie! By die
slag van 'n dier, maak hul, volgens die beskrywing van Barrington in
1810, 'n bloeddrank aan wat afskuwelik morsig en vuil is. Wie verder
informasie hieromtrent verlang moet maar die eerste band van Barrington
se boek "An Account of a voyage to New South Wales", naslaan.
Maar dit gebeur dikwels dat 'n Boesman die oorblyfsels van 'n leeu
se buit of ander aas raakloop, en dan as daar nog veel kos op sit,
trek hy met sy hele famielie na die plek en kampeer daar tot die bene
kaalgekou is.
Dit is moeilik vir ons om 'n idee te vorm van die aptyt van 'n Boesman,
maar 'n kort uittreksel uit Lichtenstein se Reisverhaal sal darem 'n
bietjie lig op die saak werp. Hy vertel van ene Baardman, 'n berugte
Boesman-dief wat voor die Landdros gekom het. Toe die Landdros hom
vra waarom hy gesteel het,
"wys hy na sy lyf wat in plooie hang, en nadat hy 'n plooi in
sy hand beetgeneem het, trek hy dit uit sover dit kon gaan, om
te wys hoeveel sy huid kon hou as dit vol is; en toe, sonder om
te wag op 'n aanmerking op die aanskouelike rede vir sy rowery,
smeek hy vir iets om te eet, alhoewel hy, sowat 'n uur van te vore,
op 'n goeie ontbyt trakteer is."
Mej. Bleek vertel vir die skrywer dat die Boesman in sy taal nie minder
as vyf werkwoorde het om te beskrywe hoe dik hy hom geëet het nie,
en ons kry dus alweer hulp van die filoloog in ons poging om die
eetvermoë van dié mensies te besef.
ONREINIGHEID.
Maar selfs met hulle enorme kapasiteit, as die dier groot is, en die
famielie klein, spreek dit vanself dat die Boesman in die somer werklik
wedywer met die aasvoël, nie alleen in die skerpte van sy oë nie, maar
ook in sy smaak vir geurige kos. En as die geur van die sterkruikende
aas hul nie verhinder om dit tussen hul lippe te sit nie, moet ons
ons ook nie verwonder as die teenwoordigheid van 'n Boesman dikwels
deur die neus te bespeur is voordat die oog hom sien, want hul het
hul lyf met vet besmeer, en 'n Boesman sou nie somaar goeie eetbare
vet gebruik nie! Op die vet kom dan stof, as, of op feesdae, rooi of
ander kleur verf. En, was? Nee, dit was by die Boesman 'n onbekende
iets. Fritsch in sy behandeling van die huidkleur van die ras, gee
vir ons terloops 'n goeie idee van hoe vuil hul was. Hy bekla die
moeilikheid wat 'n mens het om die ware kleur te sien, want die huid
lê onder 'n dik laag vuil. Maar gelukkig, sê hy, kom daar darem water
op hul huid as hul deur 'n rivier moet gaan, en met die natuurlike
werking van die huid, skilwer die stof ook af, sodat daar hier en daar
'n min of meer skoon kolletjie sigbaar word totdat hul hul weer smeer.
Maar miskien is die beste aanhaling nog die naïewe manier waarop
Campbell vertel van hoe hulle sy raad ontvang het. Hy sê:
"Ek het die Boesmans, wat baie vuil is, aanbeveel om hulle
af-en-toe in die naburige vleie te was. Hulle het die idee grappig
gevind, maar kon nie verstaan waartoe dit sou dien nie."
Later vertel hy ons weer van 'n ander paartjie wat hy ontmoet het,
en toe hy vir die man vra wanneer hy hom laas gewas het, bly die hom
'n antwoord skuldig, maar die meid die skater van die lag!
ONSEDELIKHEID.
Vuil met hul kos, vuil op hul liggaam, wat moet ons van hul sedes
sê? Die beste is dat hulle sedes nie ons sedes is nie. As ons danse
maar 'n tiende so erg was as hulle 'Ko-'Ku-curra of fluitjiedans,
of die Wysgeerdans, sou geen fatsoenlike Afrikaner na 'n dansparty
kan gaan nie.
KINDERMOORD.
Kindermoord by hulle was ook niks kwaads nie--'n mismaakte of abnormale
kind word vermoor; as die moeder sterwe voordat die kind gespeen is,
moet hy dood. Selfs ouer kinders word in die graf van hul moeder
begrawe. Campbell vertel hoe Adam Kok twee Boesmanmeidjies, van tien,
en twee-en-'n-half jaar, gered het van hulle ouma wat hulle lewendig
in hul moeder se graf wou begrawe. Toe sy haar sin nie kon kry nie
dreig sy om hulle te vermoor. Ja, die lewe van 'n kind was maar
onseker onder die Boesmans in die ou dae, miskien nog meer onseker
as die lewe van die Boesman se hond, die enigste dier wat hy ooit
makgemaak het--sy enigste lewende hawe.
As 'n man sy vrou verlaat, vermoor sy die kinders. As twee mans rusie
maak, vermoor die verlieser 'n kind of wat van die oorwinnaar om die
skuld te vereffen!
En hul oumense het ook maar swaar gekry. As hulle in 'n geveg met man
of dier hul doodhou kry, kan hul vir hul maar gelukkig ag; want anders
breek die dag so seker wanneer die ou grysaard uitgesleep word om vir
wolwekos te dien, of wanneer hy met 'n klein rantsoen agtergelaat
word as die span moet trek. Dieselfde noodlot tref hul tog. Mans,
ja selfs vrouens sleep op hierdie manier hul moeders uit die grot
uit na die kaal veld, en kom terug net so kalm as wanneer hulle van
die fontein met 'n volstruiseierdop vol water terugkom.
MOORD EN DIEFSTAL.
En dit het alles plaasgevind toe Boesman alleen 'n onverdeelde
Suid-Afrika besit het. Toe hy sy eie mense moes vermoor as die moordlus
in hom begin opwel; maar toe ander rasse begin inkom, en 'n nuwe soort
"wild" (d.w.s. skape en beeste) op sy jagterrein verskyn het, was
daar nuwe mense om te vermoor, en nuwe redes daartoe. Na die witman se
aankoms was dit eers die Hottentotskaapwagter wat hul vermoor het om
die vee in die hande te kry. Die geliefkoosde wyse was om sy kop in
te slaan terwyl hy slaap, sê Fritsch, en al die ou reisigers vertel
van moord van die wagters en steel van die vee. Maar hulle het nie
alleen wagters vermoor nie, ook loslopende mense, soos onder ander,
een van Lichtenstein se bodes. Hoe erg hulle by die begin van die
neentiende eeu was, kan 'n mens besef as jy die dagverhaal van die
reisigers van daardie dae lees, en merk hoe dikwels hulle, selfs in
die kort tydjie van die duur van hul reis, iets van moord en diefstal
van die Boesmans te sê het. En hoe langer die stryd aanhou, hoe wreder
word die Boesman. Dieselfde Barrington al vroeër aangehaal, vertel
hoe hulle 'n Hottentot begrawe het sodat sy kop net uitsteek, en hoe
hy die hele dag lank die kraaie moes wegja met kopbeweginge. Gelukkig
is die Hottentot die aand nog gered.
MISHANDELING VAN DIERE.
En met vee wat hul gesteel het, het dit ook maar sleg gegaan. Soos
Mentzel sê, die Boesman wil nie, of weet nie hoe om, vee op te pas nie,
om hulle te laat wei en vermenigvuldig nie, en so moet die gebuite vee
maar daar bly totdat die Boesman en die roofdiere van hul skoonveld
gemaak het! En as die Boer die verlies merk, en die Boesman agtervolg
en inhaal voordat hy by sy kraal kan kom, beseer die Boesman eers die
vee voor hy hul verlaat, en vlug om die veiligheid van sy eie vel te
verseker. Dié onnodige, doellose, wrede behandeling van die stomme
diere het die Boere baie vererg.
Die getalle vee wat gesteel is, word dikwels aangehaal deur die ou
reisigers, maar gewoonlik is daar so min bygaande feite gegee dat
die blote syfers nie veel waarde het nie; maar Lichtenstein getuig
van grensboere wat verplig was om hul plase te verlaat weens die
rowery en moor van die Boesmans. Joachim, Baron van Plettenberg, ook,
'n vyf-en-twintig jaar vroeër, bespreek ernstig of seker distrikte
of grense al dig genoeg deur die Blankes bewoon is om dit veilig
teen die Boesman te maak. Die feite spreek baie meer duidelik as
onvolledige statistiek.
Daar het u 'n beeld van die Boesman soos die Koloniste van 'n anderhalf
eeu gelede hom geken het--die vuil dief, die onsedelike moordenaar,
bewoner van 'n vuil grot, met die wêreld tevrede as daar net genoeg
vleis, heuning (vir karrie) en dagga (of tabak) by die hand is. "Das
unglückselige Kind des Augenblickes" soos Fritsch hom beskrywe, byna
sonder enige idee van spaarsaamheid of voorsorg--kortom, 'n knaende
iets wat nie saam met die beskawing van die Blankes kon bestaan,
en ook nie daarmee ingelyf word nie.
Vandag is hul binne die grense van die Unie feitlik uitgesterwe. Alleen
die wrede woestyn het 'n vriendelike hand vir hul uitgestrek, en in
sy boesem ontvang; en daar, waar Witman nie kan woon nie, bestaan
die laaste klompie van die volk wat eenkeer 'n groot deel van die
hele wêreld besit of bewoon het.
UITROEIING VAN DIE BOESMAN.
En hoe is hulle uitgesterwe? Uitgeroei deur die koeël van die
Blanke! Die geskiedenis van daardie moord is nie plesierig vir
ons Blankes om te lees nie, noudat ons nie die skade wat die mense
veroorsaak het, kan voel nie. Gruweldade was daar in oorvloed! Die
Blankes het maar hier te werk gegaan soos in Australië en ander
lande waar Europeane 'n lae ras kleurlinge tref, ja, soos hul twee-
of drie-en-twintig jaar gelede weer in die Langberg gedoen het. Ons
kan maar herhaal wat Mark Twain, in sy ligsinnig geuite, maar raak
en fyn-uitgedagte sinne geskrywe het in sy skets van die verhouding
tussen die eerste Australiese Koloniste en die inboorling:
"More promising materials for a tragedy could not have been
gathered together."
En soos dit in Australië 'n treurspel afgegee het, het dit hier ook
maar 'n treurspel afgegee. Vir ons doel is dit gelukkig onnodig om in
besonderhede in te gaan. Dit is politieke en nie kultuurgeskiedenis
nie, en 'n donker geskiedenis met maar weinig ligstrale daarin; maar
daar dit tog die uitwerking is van 'n stryd tussen die kultuur en
beskawing van die Blanke teen die beskawing en kultuur van die Sonqua,
om hom sy deftige naam te gee, sal dit miskien toepaslik wees om twee
uittreksels te gee uit die werke van twee Engelse skrywers voordat ons
die gordyn laat sak op hierdie onaangename tonele in die geskiedenis
van ons land.
"Is it not the fate of the savage and uncivilized on this earth to
give way to the more cunning and the better informed, to knowledge
and civilization? It is the order of the world and the right one:
nor will all the lamentations of a mawkish philanthropy, with
its more absurd or censurable efforts, avail one jot against an
order of things as wise as it is assuredly established."--[Sir John
Ross--Narative of a voyage in search of a Northwest Passage--1835,
bds. 257.]
Sprekende oor die uitroei van die Tasmaniërs, sê Sollas in "Ancient
Hunters and their modern Representatives":
"It is a sad story, and we can only hope that the replacement of
a people with a cranial capacity of only about 1200 c.c., by one
with a capacity of nearly one-third greater may prove ultimately
of advantage in the evolution of mankind."
DIE SAAK VAN DIE BOESMAN SE KANT BESKOU.
Die beskuldigde het voorgekom, en ongehoord, is hy ter dood
veroordeel. Dit help nie nou om sy pleidooi op te stel nie, sy bene,
deur die aasvoëls skoongevreet, is al lankal vergaan; maar om die
toestand van die jagterras beter te verstaan, is dit goed om ook die
saak van hulle kant te bestudeer.
Hulle was vuil, ja, gewis; maar is dit 'n rede waarom hulle moes
uitgeroei word? Hulle was nie kieskeurig wat hulle ete betref nie, maar
waarom moet hulle as 'n lekkerny vir die aasvoëls opgedis word? Hulle
bure, die Hottentotte, was maar net so vuil. Die ingewande van diere,
effens skoongemaak en opgeblaas het hul gedien as sieraad om hul enkels
en as beskerming teen slange. Die toestand van die halfskoongemaakte
versieringe na 'n paar dae kan die geagte leser vir homself maar
voorstel. En as meneer Hottentot miskien 'n rukkie daarna hongerly,
eet hy sy enkelbande maar op! Is daar veel te kies tussen die Boesman
en Hottentot wat reinheid betref?
En bestaan daar nie 'n goeie rede vir die laag stof wat die Boesman
oor die huid gedra het nie? Soos Jonkvrou Augusta Uitenhage de Mist,
dogter van die Kommissaris opmerk, het dit gedien as 'n beskerming teen
die steek van insekte, en Ratzel vertel ons van die inboorlinge van
Australië wat dieselfde mode gevolg het, met die resultaat dat alleen
na die koms van die Blanke, en na hulle die liggaam begin was het,
hulle nader kennis gemaak het met seker intieme wesentjies waarmee die
Afrikaner in die Engelse oorlog ook in baie nou aanraking gekom het.
So verwyt mense ook die Boesmans omdat hulle nie huise gebou het nie,
nie bedde gehad het nie, maar in neste in die grond soos volstruise
geslaap het; maar hulle moet darem daarby voeg wat die Boesmans sê,
naamlik, dat van die Blanke in die land gekom het, hulle nooit met
hul voete onder die karos geslaap het nie, en met die uitbreiding van
die vervolging van die Boesman deur die Blankes, die arme Barbaar
later verplig was om sy woning so eenvoudig, en soveel molik na 'n
bossie te laat lyk, sodat dit nie die aandag van sy beskaafde vyand
moet trek nie. Kortom, het hy gebruik gemaak van die kuns nou weer
deur die Franse ontdek: "camouflage."
Sedelikheid is maar relatief. Hoe onsedelik moet ons dames by 'n teater
of bal nie lyk vir die Slamse vrouens wat net hul oë voor die publiek
ontbloot! Vir ander rasse is die mond iets onsedeliks wat moet bedek
word, en hulle beskou dit as 'n bewys van 'n betreurenswaardige gebrek
aan opvoeding as iemand, voor ander, kos in sy mond sou neem! So is
dit ook in die geval van die Boesman; ons noem onsedelik alles wat
nie pas by die sedes van ons kultuur nie, en dit is ook moeilik om
van enige ander standpunt die saak te beskou. Van ons oogpunt egter,
moet ons erken dat die Boesman baie minder onsedelik is as ander
inboorlinge in Suid-Afrika, en selfs as die grootste meerderheid van
inboorlinge in die hele wêreld.
Die moord van suigelinge, ouder 'n jagterstam soos die Boesman, na die
dood van die moeder, is nie 'n bewys van wreedheid nie. Hulle had geen
meelbol of ander spesiaal vervaardigde kinderkos nie. Hulle had nie
gomelastieke tepels en bottels nie. Was die moord van die suigeling
nie die gouste en genadigste einde aan die lyding van die kindjie
nie? En die verlaat van die oumense is 'n verstandige opoffering
van die indiwidu vir die hele stam, wat by alle jagter-rasse gevind
word. Die oues bring nie alleen niks in nie, maar is nog bo-op 'n
hindernis en 'n las wat die werksaamhede en beweeglikheid van die
stam strem, nog te meer as deur droogte of wat ook al, die wild trek
en hul agterna moet volg.
Van die begrawe van die ouer kinders in die graftes van hul moeders is
daar nie 'n goeie ekonomiese rede te vinde nie. Tot dusver, egter, is
die skrywer nie oortuig dat dit algemeen onder die Boesmans was nie,
en het ook niks gevinde wat hy as die rede kan aannneem nie. Molik
het dit 'n godsdienstige sy, iets in verband met hul Geloof, wat ons
later weer sal aanroer. Maar terwyl ons met die moord van famielielede
besig is, is dit miskien nuttig om een uit honderde gelykstaande
feite aan te haal, om die regte perspektief te kry in verband met
die onderwerp. Omtrent die helfte van die kinders van die Australiese
inboorlinge is vermoor by hulle geboorte deur die moeder wat 'n skerp
houtpen deur die oor, in die babetjie se brein slaan, en hoe meer van
haar eie kinders 'n vrou vermoor, hoe hoër staan sy in die samelewing!
Vir die moord van skaapwagters en steel van vee is dit amper nie nodig
om die Boesmans se sienswyse te gee nie--die rede is so duidelik. Lank
voor die koms van die Blanke was die Boesmans al baas in Suid-Afrika:
die hele land was sy weiveld, en die wild, sy vee. Elke stam of
famielie het sy eie jagterrein gehad en 'n oortreding van die
grense daarvan deur 'n ander stam het oorlog veroorsaak. En toe
kom die veeboer--Hottentot, Bantoe, of Boer--en neem besit van sy
fonteine, jag op sy terrein, en laat die vee daarop wei. Van die
Boesman se staanpunt, is dit 'n oortreding van sy wet, van die wet
van die land. Soiets moet gestraf word, en dit ook volgens die wet
van die land. 'n Oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand sê die wet van
Moses--diefstal vir diefstal sê die Boesman: "Jy het my water gesteel,
my boerdery omvergegooi, ek sal jou daarvoor beboet, en as dit nodig is
om jou skaapwagter dood te maak om my vonnis uit te voer, wat daarvan?"
Daar is verskillende vermoedelike redes waarom die Boesman die vee
mishandel het by 'n onsuksesvolle strooptog, maar dit is moeilik om te
weet wat die regte doel was. Was dit maar die kinderagtige weerwraak
wat 'n mens ook sien in die beweerde moord van die oorwinnaar se kind
na 'n stryd? Is dit dat hulle gehoop het om ook na 'n paar dae van
die vleis van die verlate diere te kom eet? Of is dit werklik die
uitwerking van 'n vaste idee om die vee, d.w.s. die bestaan van die
blanke, uit te roei, en dit daardeur vir hom onmolik te maak om dit
daar uit te hou? Wat ook al die rede is, soas al gemeld, het dit in
baie gevalle dié gevolg gehad.
Dat die Boesman nie oneerlik is nie, maar alleen 'n ander idee van
eerlikheid had, is al lankal bewys. Onder die eerste Koloniste wat dit
ingesien het, en die feit in 'n pleidooi vir die Boesmans gebruik het
was Ds. A. Faure. Die grensboere in die ou dae het dikwels hul kuddes
aan Boesmans toevertrou om hulle in Boesmanland te laat wei, en altoos
is die vee veilig teruggebring. Soos Mnr. Smit van Dasfontein naby
Beaufort, 'n man wat van kindsbeen die Boesman en sy taal geken het,
vir Campbell in 1820 gesê het, en soos Mnr. E. B. Watermeyer vandag
ook konstateer, kan jy 'n Boesman vertrou met alles wat jy formeel in
sy sorg plaas, maar wat opgesluit is, of wat aan die buurman behoort,
is nie veilig nie.
GODSDIENS.
En soos sy idee van eerlikheid 'n verdraaide was vergeleke met ons
ideë, so was dit ook met hulle Geloof of Godsdiens of wat gewoonlik
by sulke primitiewe rasse godsdiens heet.
Die meeste outoriteite beweer dat die Boesman glad geen godsdiens,
of glad geen idee van 'n Opperwese had nie; maar daar is veel feite
wat nie maklik te verstaan is as dit werklik waar is. Om hieroor
'n duidelike begrip te kry, is dit nodig om eers te besluit wat ons
verstaan deur godsdiens. As dit 'n geloof is in bowenatuurlike wesens,
en in 'n lewe of iets na die dood, dan het die Boesmans ongetwyfeld
van godsdiens iets af geweet. Bestaan godsdiens in die geloof aan een
enkele Almagtige Opperwese, dan het daar geen Boesmangodsdiens bestaan
nie. Maar om 'n geloof aan een God te soek onder die Boesmans wanneer
die Grieke selfs met al hul ontwikkeling nie die begrip gehad het nie,
is dwaas.
Hier weer voel die skrywer die onrypheid van sy behandeling van die
onderwerp, en hier weer is 'n deel van die kultuur van die Boesman wat
'n aparte lesing vra. Die materiaal is nie alles vertroubaar nie, en
lê so ver versprei, dat dit maar partykeer moeilik gaan om, soos die
jong in die ou storie, die agterpoot en die oor bymekaar te kry. En
daar bly ook altyd die gevoel by 'n mens dat by die volgende bron wat
jy insien, jy iets sal vind wat jou ideë geheel en al omvergooi, en wat
dit nodig maak om heelwat dood te krap wat jy op 'n vroeër geleentheid
geskrywe het. Met hierdie verder waarskuwings en aanmerkings in die
oog, laat ons maar na die Geloof van die Boesman terugkeer.
Mejuffrou Bleek beweer ook dat die Boesman geen God, en dus ook geen
naam vir hom had nie. Daar was wel bowenatuurlike wesens wat hul
gevrees het, waarvan die meesgevreesde miskien die Reen of Reenbul
[5] was; maar uit wat sy sê, lyk dit asof dit nie soseer die reen,
maar meer die droogte is wat hul gevrees het. "As jy so en so doen,
of sê, dan kom die reent nie!" het hulle mekaar gewaarsku. Sal dit
nou 'n geloof wees wat hul met hul saamgebring het uit die Noorde,
of is dit iets wat hul hier in ons dorre streke opgedoen het?
In die Noorde vind ons sonaanbidders, maar sover die skrywer weet is
daar nie in die hele Suid-Afrika een enkele stam of ras inboorlinge
wat die Son as die hoof aanbid nie, terwyl vir almal die maan die
plaas van die son min of meer in hul godsdiens inneem. So het die
Boesman nou ook die maan en sterre aanbid. Op so weinig getuienis
as die skrywer het, durf hy nie 'n teorie baseer nie; maar vra
is vry. In kou, nat Europa is die son altoos 'n ding van vreugde;
maar tussen die keerkringe, of op ons dorre Karo, is dit die koelte
dikwels wat 'n mens soek. In Europa is daar rede vir sonaanbiddery;
maar sal 'n volk wat met so 'n geloof 'n trek begin en 'n duisend jaar
miskien in die nabyheid van die ewenaar vertoef nog altoos aan die
ou geloof vashou? Is dit nie redelik om te vermoed dat die heerlike
koel maanligaande hul sal verlei nie, en dat die valse maangodin hul
sal oorwin nie? Die Boesman het vir Dr. Bleek vertel dat hul hulle
oë toemaak wanneer hulle die sterre aanbid. Is dit nog 'n oorblyfsel
van die sonaanbiddery? Fakkels word ook gebruik in hul gebede, en in
hul folklore vind 'n mens ook die idee van wierook.
In bose geeste, towery en paljas het hule vas geglo, ook in die
Reenbul.
Stow beweer dat hul die Hottentotsgot, en ook 'n ander rispe aanbid
het, maar alhoewel dit waar mag wees, moet ons daardeur nie verstaan
dat dit vir hulle heilig was, of dat hul selfs soveel eerbied daarvoor
getoon het as die Bantoe vir sy "Siboko" of die Australiër vir sy
"totem" nie; want hulle het nie omgegee om die insekte te vang,
en dood te maak nie. Dat daar iets geheimsinnigs was in verband met
die Hottentotsgot of !Kaggen soos hul hom noem, was hulle van seker,
soos die stories van die diertjie getuig, maar die mees treffende
gebed wat die skrywer nog van hul gelees het, is die gebed aan die
ster Canopus, 'n ster wat in die koudste deel van die jaar net kort
voor sonop opkom. En die Boesman bid dan vir die ster om hitte in die
son te sit! Daar is ook ander pragtige stories van Gode en Godinne,
soos die van Goha en Ka wat Makoon 'n Boesmankaptein vir Campbell
vertel het, maar dit kan ons nou nie ondersoek nie. Vir al die Gode
het hul om kos gebid--om hul te wys waar die miereiers die sogenaamde
Boesmanrys te vinde is, of vir wild, of vir sekerheid by hul pylskiet.
Makoon, dieselfde Boesman wat vir Campbell die storie van Goha vertel
het, het hom ook vertel dat hy nie in 'n lewe na die dood glo nie,
maar dat as 'n mens doodgaan, jy heelternal dood is. Uit wat ander
Boesmans weer sê, sowel as uit hul gedigte, is dit weer duidelik dat
hul wel in 'n toekomstige lewe glo. En hul folklore-stories is net so
teenstrydig; maar dat daar darem onder hul 'n geloof is dat daar iets
anderkant die graf lê, is taamlik seker. Soos die ou Palaeolietiese
man, en baie ander barbare, het die Boesman die gewoonte gehad om
'n lid van 'n vinger (gewoonlik van die pinkie) af te sit. Die ware
betekenis van die afsit is moeilik om agter te kom. By seker volke
het dit duidelik iets met die huwelik te doen, by ander word dit
deur die towerdokter vir geneeskundige doeleindes aanbeveel. Dan is
dit weer 'n offerande aan die bose geeste in geval van epidemies;
ook word daar by die begrafnis van die hoof van seker volke 'n getal
vingerlitte met die grootman begrawe, min of meer soos baie volke
weduwees en ander famielie van 'n man saam met hom die ewigheid vir
geselskap instuur. Waarom volg die Boesman die gewoonte? Barrington
beweer dat die Boesmans dit gedoen het om van siektes ontslae te raak,
en Mejuffrou Bleek vertel die skrywer dat in die ongepubliseerde
materiaal deur haar vader en Mejuffrou Lloyd versamel, daar 'n storie
voorkom wat dieselfde rede gee. In die "Bushman Folklore" van Bleek en
Lloyd, word vertel dat die mans die eerste lit van die regterpinkie,
en die vrouens die van die linkerpinkie afgesit het, maar daar word
geen rede gegee nie. Stow beweer weer dat die rede is dat hul na hul
dood baie kos sal hê op hul reis na 'Too'Ga, die vergaderplek van die
oorledene. As Stow se bewering reg is, kan daar geen twyfel bestaan
dat hulle in 'n lewe na die dood geglo het nie.
Die vroeër genoemde mnr. Smit van Dasfontein het ook vir Campbell
vertel dat die lyke begrawe word met die oorlede se wapens aan sy
sy, sodat hy hom na sy opstanding weer kan verdedig, en kos verkry;
maar as die oorledene onpopulêr is, begrawe hul hom sonder wapens.
Sir George Keith (1819) in die beskrywing van sy reis na Suid-Afrika,
vertel dat na die dood van 'n vriend hul sy gees aanspreek, en
beledig hom omdat hy hul so vroeg verlaat het. Hy kon mos, sê hul,
nog 'n bietjie by hul vertoef het. Livingstone vertel weer dat by 'n
seker Boesman-begrafenis die vriende die dooie aanspreek en hom beleef
vra om nie kwaad te wees nie al wil hulle (d.w.s. die vriende?) nog
'n tydjie op die aarde bly.
Die paar aanhalings is vermoedelik genoeg bewys dat die Boesmans nie
geglo het dat met die dood alles eindig nie.
Daar is ander interessante feite in verband met die godsdiens wat baie
aanloklik is om na te gaan, maar die skrywer is huiwerig om op die
oomblik enige gevolgtrekkinge te maak, en lê die feite maar voor soos
hy hul gevind het. Almal wat met inboorlinge gewerk het, weet hoe lief
hul is om maar, ja, te sê op alle vrae wat hul nie goed verstaan nie,
en hoe moeilik dit is om die waarheid te leer. Daarby moet 'n mens nog
rekening hou met die feit dat die Boesman al jare in aanraking met
ander stamme gewees het, en daarom moet ons ook voorsigtig wees met
ons gevolgtrekkings gebaseer op die informasie deur later skrywers
verskaf. Die sendelinge het ook aan die Boesmans gearbei, en by die
oorweging van die Boesmanstories moet hulle invloed ook in die oog
gehou word. Wat die invloed van die sendeling was, het die skrywer nog
nie genoeg bestudeer nie, maar die volgende uittreksels word voorgelê,
en as hulle verteenwoordigend is, was die invloed van die sendelinge
maar gering.
Kircher het in 1799 probeer by Zakrivierspoort om die Boesmans te
bekeer. Hy het die heiden leer bid in 'n vreemde taal met die hoop dat
hulle later sou verstaan; maar die getrouheid aan die godsdiens het
geduur net solank soos daar slagskape in die sendeling se kraal was,
en nie 'n dag langer nie.
Campbell het omtrent net so te werk gegaan. Soos die storie lui, het
hy eenkeer, blykbaar by 'n uitspan, twee Boesmanmeide uitgenooi en
begin om hul te bekeer--hoe? Dit is byna ongelooflik, maar nietemin
waar. Sy eerste stap was om hul die alfabet te leer! 'n Mens is
verplig om hier Campbell se eie woorde aan te haal:
"... two of the women persevered in attempting to learn the
alphabet till one of them knew half the letters. I left two
Hottentots as their instructors, but they soon returned to the
waggons saying their scholars had fled to the hills."
Selfs in die stad waar 'n sendeling hom vestig, was sy invloed in
daardie dae nie besonder sterk nie. Campbell vertel van die siekte van
Matabee, 'n Betjoeana-kaptein. Hy het gemeen dat dit die towery van
'n Boesman is, en laat 'n Boesman en 'n Betjoeana-dokter roep. Toe
hy gesond word, word dit publiek aangekondig dat die medisyne van
albei hom goed gedoen het, sowel as die medisyne en gebede van
die sendelinge. Geskenke is toe aan altwee dokters gegee, maar die
sendeling kry niks.
Hoe min simpatie Campbell met die volkie gehad het blyk uit die
volgende aanhaling. Hy (Campbell) het 'n Boesman se lewe gespaar;
daaroor, sê Campbell, was die Boesman bly, iets wat vir ons almal
maklik te verstaan is, maar nie vir Campbell nie: hy moes eers byvoeg
die rede: "Life is precious even to a Bushman!" Nog een aanhaling om
die verhouding tussen Boesman en Sendeling te wys, en weer moet ons
Campbell se eie woorde gee. Dit was by Ramah, nou in S.W. Vrystaat
waar hy die Boesmankaptein Kiewiet besoek het.
"I spoke to him of God, and his soul, and eternity; but he
seemed quite indifferent about these subjects, making no reply,
and asking for a tinderbox."
Met die voorafgaande waarskuwings en aanmerkings, kan die skrywrer nou
die volgende twee stories voorlê, en dit aan die geagte lesers oorlaat
om hul eie gevolgtrekkings te maak uit die wonderlike ooreenstemming
van die een met ons idee van die Drieëenheid, en van die ander met
die dood en wederopstanding van Kristus.
Stow vertel dat die kruis enkel, of in groepe van drie, 'n ou
Boesmanteken is, en van besonder nut by die behandeling van siek mense;
ook dat daar drie groot kapteins bestaan: !Kaggen, Kogas (sy seun)
en 'Qwanciqutchaa. Hulle is almal groot en magtig, maar !Kaggen het
beheer oor hul almal en gee sy bevele deur die ander twee.
Uit Bleek en Lloyd se Bushman Folklore kom die volgende baie
verkort. Kogas die seun van !Kaggen gaan stokke haal (waarskynlik om 'n
boog en pyle te maak) vir sy vader om die mense-wat-op-hulle-hakke-sit,
mee te beveg (d.w.s. die bobejane toe hulle nog mense was). Nadat
hulle die saak lank bespreek het, kom hul dit agter en slaan vir Kogas
sodat sy oog uitspring en hy self sterwe. Toe speel hulle met die
oog bal-bal. En !Kaggen sien dit en is so ontroerd, dat hy huil. Na
'n rukkie staan hy op en gaan na hul toe; maar eers dro hy sy oë
af. Toe speel hy saam, en met behulp van 'n bietjie goëlery steel hy
die oog van hulle, en gooi dit in die water waar na 'n paar dae die
seun Kogas weer aan die oog gegroei het, en splinternuut weer uitkom.
DIE JAG.
Van 'n bespreking van hulle godsdiens, keer ons nou na die meer
materialistiese sy van hul lewe, en die eerste wat ons moet bespreek
is natuurlik hulle nering en hulle lewensmiddele. Die honger beheers
die wêreld, en totdat die barbaar iets gedoen het om die inwen van
sy kos effens te vergemaklik, sal ons tevergeefs soek na kuns of 'n
estetiese lewe. Die Boesman was 'n jagter; sy hele lewe het afgehang
van die wild wat sy vee was, en ons kan nie dankbaar genoeg wees
vir die eerste Boesman-voorvader wat die pyl-en-boog ontwerp het,
en vir al sy nakomelinge wat met hul vernuftigheid al die ander
kunsies uitgevinde het nie, sodat die kunstenare van die ras tyd
had om te droom, en ons van hul verskillende kunswerke iets na te
laat. Sy kennis van jag en sy metodes is dus van belang vir ons,
want dit vind ook 'n weerkaatsing in sy kuns.
As ons "jag" in sy wydste betekenis aanneem as kos soek, het die
Boesman se jagkunde bestaan uit kennis in verband met die insameling
van eetbare bolle (selfs as die blare al verdwyn het) van miereiers of
Boesmanrys (d.w.s. die larwe van die miere) van insekte, van heuning,
vis, en wild van alle groottes tussen 'n muis en 'n olifant.
Hier is daar weer 'n interessante studie--die jagmetodes van die
Boesman, en alles wat daarmee samehang. Die eerste wat 'n mens sou merk
as jy met 'n Boesman gaan jag, sou sy wonderlike skerp gesig wees. Ons
sal later weer op hierdie punt moet terugkom, maar om hier aan te toon
hoe skerp sy gesig was, afgesien van sy veldkennis wat dikwels sy gesig
gesteun het, moet ons hoor wat Lichtenstein sê van 'n seker Boesman,
ene "Flamingo," wat Generaal Jansens met hom na Europa geneem het. Hy
sê dat die Boesman se gesig so skerp was, dat hy op die reis dikwels
skepe van die dek gesien het wat die matrose, selfs van die mastoppe
met hul vêrkykers amper nie kon raaksien nie! Bye in die vlug het
hul gevolg, en op die manier die byneste gevind. Von Wielligh vertel
ook van 'n ander manier waarop hul die rigting van die neste ontdek
het. As 'n nes dan gevind is en dit hoog in 'n kransskeur sit, beklim
hul die krans, indien nodig, met behulp van penne wat hulle inslaan,
of anders kom hulle van bo af met behulp van lang rieme.
Die twede punt wat 'n blank jaggenoot van 'n Boesman sou merk, is sy
wonderlike, byna geheimsinnige, kennis van spore. Vir hom was spoorvolg
so maklik soos brieflees vir ons. Baie van die hedendaagse skrywers
beweer dat die wild altoos kort na 'n gifpyl hul tref, gevrek het; maar
die rede van hierdie bewering hoef ons nie nou te bespreek nie. Dit
kan bewys word dat dikwels, (waarskynlik met die grootste wild) dit
ure en ure geduur het voor die dier gaan lê, maar die Boesman het so
'n dier nie dadelik gevolg nie--hy het gewag tot dit tyd was vir die
gif om te werk, en toe die spoor afgeloop--deur al die duisende spore
van dieselfde soort dier! Die betekenis van die spoor en sy verhouding
tot die dier of mens self leer ons uit die geloof van die Boesman
dat, as ons sterwe, die wind kom en ons spore wegneem--"anders sou
dit nog lyk," sê hulle, "asof ons nog lewendig is."
Ja, die Boesman kon "loop en lees"! 'n Boesman kon te voet spoorvolg,
en by berede Blankes hou! En sy spoed is iets om te bewonder. Wat
nou die "record" sal wees, weet die skrywer nie, maar onlangs hoor
hy uit 'n geloofbare bron dat 'n Boesman tussen sononder en sonop
48 myl afgeloop het, en die oggend na die werk kom sonder om te wys
dat hy iets besonders gedaan het of 'n slaaplose nag gehad het; en
ook uit dieselfde bron, van 'n ander Boesman wat weer tussen 4 uur
v.m. en ongeveer 8 uur namiddag, 84 myl geloop het; en dan nog kla
dat hy vroeër sou teruggekom het, maar die Baas het nog na die ete
gaan slaap voordat hy hom die antwoord wou gee! Bleek en Lloyd se
Boesmans vertel hoe hul lewendige (d.w.s. sonder wonde) wild ingehol
het. Verbeel jou 'n springbok of 'n hasie inhol! Uit genoemde stories
blyk dit dat een man 'n hasie kon inhol, maar wat meer waarskynlik is,
is dat 'n partytjie saamgewerk het, en mekaar afgelos het soos Fritsch
dit ook beskrywe. Fritsch, soos enige man wat oor die Boesmans skrywe
moet doen, het taamlik baie aggegee op die jag, en sy opsomming van
die onderwerp is goed. Die skerpte van die sintuie van die Boesmans,
sê hy, en in die besonder van hul oë, is hulle tot groot nut gewees,
maar dit maak nie vir hom 'n jagter nie; daarby is daar sy skranderheid
en sy slimheid wat hom lei om alles aan sy doel diensbaar te maak. Hy
het vernuftige valle en vangmetodes uitgedink om die wild in sy hande
te kry wat baie van die ander inboorlinge nie eers kon naäap nie. En
dan moet ons Fritsch se eie woorde hoor:
"Er kennt die Gewohnheiten der Thiere auf's Genauste und mit
eiserner Geduld lauert er am bestimmten Ort auf seine Beute und
fühlt nicht Hunger, Durst, oder Hitze, solange noch eine Hoffnung
auf Gelingen vorhanden ist."
Oor die valle wat Fritsch van skrywe, is dit onnodig om nou verder te
spreek; maar daar is een vangmetode wat by hulle so algemeen was,
en met soveel variasies toegepas is, dat dit die moeite werd is
om dit te ondersoek. In beginsel bestaan die metode uit 'n seker
gevaarlike sentrum, en 'n tregter om die prooi op genoemde punt te
konsentreer. Die gevaarsentrum bestaan miskien uit 'n vanggat, of 'n
groepie skutters, of in die geval van vis--uit 'n mandjie, spesiaal
ontwerp en gevleg vir hierdie doel. Die tregter bestaan uit klipmure,
of uit ander jagters met veel strategie op seker punte geplaas, of
uit 'n ry stokke met koppe van met-rook-deurtrokke volstruisvere,
of in die geval van die visvang, uit 'n damwalletjie dwarsdeur die
rivier gebou. Die prooi word dan aangeja na die bek van die tregter
en by die tuit gedood.
Die vanggate van die Boesmans is ook iets wat ons aandag trek. Campbell
vertel van 'n groep van twaalf gate wat hy gesien het in die vorm van
'n halfmaan 20 voet lank, 10 voet wyd, en 5 voet diep in die grond
gegrawe, met twee rye kleintjies in die middel van elke put. Dit
is byna ongeloofbaar dat die Boesman dit met hul 'kibie-stokkie kon
gemaak het.
Toe die ander rasse Suid-Afrika ingetrek het, en die Boesman in sy
jagtery gestrem het, het hulle by die weerwraak van die Boesmans
'n ander merkwaardige kuns van die dwergies ontdek, naamlik dat die
Boesman hom so goed kon wegsteek en vermom dat jy byna op hom kon trap
voordat jy hom sien. Dit was werklik 'n groot kuns van die Boesman. Met
'n graskroon op sy kop, was hy in die gras onsigbaar; met 'n kop en
vel van 'n dier oor sy lyf en sy kort bene deur die gras bedek, het
hy wild bekruip. Hy het dit nie gewaag om diere te bekruip wanneer hy
soos een van hulle vermom was nie, maar altoos wanneer vermom soos 'n
diersoort wat gewoonlik met hul saamwei--met een uitsondering alleen,
sover die skrywer weet, naamlik in die geval van die volstruis. Is dit
omdat die voël so vreeslik dom is, so min harsings het in verhouding
met sy groot liggaam?
Maar vermom soos stof of gras, of dier of voël, het hy met sukses sy
vyand of prooi bekruip, en het ook geweet hoe om selfs sy vermomde lyf
weg te steek. Baie Boesmans is voorsien van gelaatstrekke so plat dat
'n plank tegelykertyd ken, lippe, neus, wange, en voorhoof kan raak,
terwyl die uitpuilende oë nie ver van die plank sal sit nie. Uit die
vorm van sy kop het die Boesman ook voordeel getrek, want, volgens
Stow, as hy wild bekruip, en wil sien hoe dit voor lyk, lê hy plat
op sy rug met sy voete na sy prooi en lig sy kop dan net so hoog op
dat hy oor sy wange kan sien wat hy wil sien. As hy so lê, is sy oë
(sy periskoop) feitlik die hoogste deel van sy kop, en alles te same
is daar nie een vierkant duim oppervlakte van sy kop te sien nie.
As hy naby genoeg aan die prooi kom, los hy 'n gifpyl. Sy boog is maar
klein, sy pyltjie so lig, dat hy baie naby moet kom voordat hy kan
skiet; en dan is dit alleen deur die gif dat hy iets met die wapen kan
uitvoer. Die gif is van verskillende soorte--onder ander, slanggif,
bolletjies-gif of malkopgif, klipgif, en 'Ngwagif. Die slanggif
het hulle uit die gifkliere van slange gekry; die malkopgif van die
gif-amarillis (Haemanthus toxicarus); die klip-gif (volgens Fritsch)
van seker bolle wat tussen die rotse groei. Maar die giftigste van
almal is die 'Ngwagif van die ingewande van die 'Ngwa, 'n seker soort
rispe of wurm gemaak. Al die verskillende gifte is gemeng met een of
ander soort harpuis van 'n norsboom versamel, en dik gekook, sodat
dit maklik op die pyl kan gesmeer word. Soos 'n skilder, nou hierdie,
dan weer daardie penseel gebruik, of 'n kolfspeler nou die, nou
daardie stok kies, so het die Boesman ook vir verskillende doeleindes
verskillende gifpyle uit sy koker uitgesoek. Klein wild is gou dood,
selfs met 'n swak gif; groot wild, en leeus het sterker gif nodig,
maar die sterkste is nodig om die volstruis te dood.
Die uitwerking van die aparte soorte gif was ook anders: die een het
meer op die senuweegestel gewerk--die malkopgif--die ander het weer
'n "septiese" wond veroorsaak. Die dood volg gewoonlik binne twaalf
uur van dat die man of dier deur die pyl getref is.
Gewoonlik dra die Boesman sy pyle onderstebo in sy koker, maar as hy
'n geveg tegemoet gaan, dan dra hy die pyle in 'n band om sy kop waar
hy hul maklik kan by, en dan kan hy, sê hulle, tot drie pyle in twee
sekonde skiet!
EIENDOMSBESEF.
Die maak van die pyle met sy los kop is vir ons doel van belang omdat
ons daarin sien hoe die Boesman die giftige pylkop bewerk het sodat
dit in die wond kan bly steek, al breek die pylriet af.
Ook om een ander rede is die pyle vir ons belangryk, naamlik omdat die
jagter sy eie pyl met sy eie teken merk; want hier sien ons die begin
van skrywe, en ook 'n bewys van 'n vaste eiendomsbesef wat ons graag
verder wil ondersoek. Dieselfde beginsel van 'n teken wat aandui dat
'n artiekel aan die of daardie behoort, is te vinde by die byneste wat
altoos deur die ontdekker gemerk is as sy eiendom en daarna, soos een
Boesman gesê het, soos sy melkkoei word. Kom daar 'n kolonis wat die
teken nie sien of ken nie, en die nes berowe, het die Boesman weer
'n klagte teen die Blanke wat hy dan geregtig voel om te berowe.
Die kos wat 'n Boesman gewen het, was sy eiendom, maar hy was
baie gasvry, en het gewoonlik sy kos gedeel onder die ander. Dit
word ook bewys deur die skelnaam "Vrot arm" wat hul gebruik om die
gierigaard te beskrywe. Die verdeel van kos was so algemeen dat daar
spesiale beleefdheidsvorme teenoor die gasheer ontwikkel het, soos
byvoorbeeld die terugbring van die bene na die gasheer as die maaltyd
oor is. Maar om absoluut seker te wees dat daar 'n eiendomsbesef onder
hulle was, is dit nodig om te bewys dat hulle ook koop of ruil geken
het, en ook diefstal bestraf het, want dit moet mos met eiendomsbesef
gepaard gaan. Uit die vertellinge van Bleek en Lloyd se Boesmans kan
dit gelukkig bewys word, want daarin lees ons dat die !Kun Boesmans
'n dief selfs met die dood straf, terwyl ander verhale melding maak
van die verruil van goed saggebreide karosse vir rooi-smeergoed en
gifpyle. Dit was natuurlik net onder hulselwe. Later, toe hul met
ander inboorlinge gehandel het, het hulle, so vertel Mejuffrou Bleek
vir die skrywer, velle en heuning vir ysterpylkoppe gegee (meestal
heuning). Maar daar is ook 'n ander soort handel wat hul met die
vreemdeling en uitlander gedrywe het wat interessant is in verband
met die eiendomsbesef, en dit is die grondhandel.
Toevallig is al die informasie in die verband wat die skrywer tot
dusver ingewen het, van aparte bronne, net oor die handel tussen die
Boesmans en die famielie Kok. In 1811 (of 12) was daar net een Boesman,
Oktober Bailie, op die terrein waar die dorp Campbell vandag staan, en
Adam Kok het hom 150 dalers betaal om van die fontein weg te trek. In
1819 het Cornelis Kok weer seker bome afgekap om lande te maak. Die
plaaslike Boesman-Kaptein het by hom kom protesteer teen die uitroei
van die bome wat vir hom en sy volk in die somer skaduwee verskaf
het. As skadevergoeding gee Cornelis vir hom twee osse, tien bokke,
en die wins van 'n half boesel koring (d.w.s. ses sakke).
In die ou dae, toe die Boesmans alleen Suid-Afrika besit het, het elke
stam sy eie jagterrein gehad, en geen een kon sonder toestemming op
'n anderman se terrein jag nie. Mejuffrou Bleek vertel vir die skrywer
dat dit nie soseer die grond was wat hul besit het nie, maar seker
fonteine met al die wild wat by dié fonteine suip. Vergelyk dit met
die volgende aanhaling uit Stow se "Native Races of South Africa":
"His territory extended from the Zeekoe river to van der Walts,
Buffelfontein, and in describing it 'Na 'na 'Kow used to say he
drank of the Zeekoe river and of van der Walts fontein."
In die Kaapstadse museum is daar seker bewerkte klippe wat as bakens
gedien het. By 'n ooreenkoms tussen twee naburige stamme, is die bakens
in die fontein gesink om later, indien nodig, as getuigenis te dien by
'n stryery oor die grense.
Daar bestaan twyfel of die bakenklippe dan Boesman- of Hottentotklippe
is. Hahn sê dat die Hottentotte hulle grense by fonteine bepaal het,
en die Boesmans alleen by berge, ens. As dit waar is, is die bakens
ongetwyfeld Hottentotklippe, maar van wat hierbo aangehaal is, is
dit duidelik dat die saak nog verder moet ondersoek word. Ons moet
ook nie vergeet dat die fontein as sulks 'n groot rol in die jag
van die Boesmans gespeel het nie. Dit was sy lokaas vir die diere
in die droogte. Die klein fonteintjies word toegeprop--letterlik met
'n platklip met 'n sponsgat daarin, en by die groot fontein, dan die
enigste water in die omgewing, lê hy die wild voor. Die grond dus, of
in elk geval die fonteine en die wild wat daar suip, behoort aan die
stam, en alle ander artiekels wat arbeid gekos het by die vervaardiging
daarvan, kan beskou word as eiendom, tot selfs die smeergoed wat uit
die "myn" moet gekap word. So sou daar dan eienare gewees het van die
rooi en die swart smeergoed waarmee hul hul gesmeer het, en die groen
blinkende erts waarmee die meide hulle by hul feeste gepoeier het;
die volstruiseierdop-krale wat hul so mooi gemaak het, en in snoere om
hul lyf, nek, arms en gesig gehang het; die klein 'kibie-hangertjies,
hul halssnoere van tande gemaak; hul karosse; hul sandale en ander
kledingstukke; hul skilpaddop- en volstruisborsbeen-skottels; hul
kleipotte; hul mooi versierde volstruiseierdop-waterkraffies; hul been-
en ivoorelse; hul gifklip, hul pyl- en kraal-skuurklippe; hul vuisbyle;
hul 'kibies, hul maalklippe, hul verf-potjies, hul pensele en palette,
hul velsakke, hul pyle, hul boë, hul pylkokers, hul vuurmaak-stokkies;
hul fluitjies, tamboere, goura's en ander musiekinstrumente; hul matte;
hul eiernette; hul vismandjies; hul oorbelletjies, ens. Die Boesman
het baie daarvan gehou om sy lyf te versier, maar nie soveel soos
die Bantoe nie. Hy self was nie mooi nie--sy gelaatstrekke het
ons alreeds bespreek. Die ander merkwaardige deel van sy liggaam was
sy fyn hande en klein voete. Die studie van die liggaamsbou van die
Boesman behoort egter nie hier by ons tuis nie wat meer belang stel
in sy karaktertrekke en in die ontwikkeling van sy brein.
BOERDERY.
Ons reken dat 'n volk die eerste stap in die beskawing gedoen het
wanneer hul nie langer bereid is om te neem net wat die Natuur vir
hul gee nie, maar wanneer hul daarvan werk maak om die Natuur te
help kos lewer. Dit word dan gewoonlik verder uitgelê dat die "hulp"
beteken veeteelt of landbou. As dit die toets is, dan is die Boesmans
nog laer as die eerste stap, maar as ons reken watter inspanning dit
gekos het om die eerste boog te maak, (wat die Australiërs nooit
geken het nie) en al die gifsoorte uit te dink, en al die valle,
dan moet ons erken dat die Boesman wel bewus te werk gegaan het om
die Natuur 'n weinig milder haar rykdom met hom te deel. Sy vanggate,
en die arbeid wat hy bereid is om in dié verband uit te oefen lewer
verder bewys van sy ontwikkeling. Daar bestaan wel beskrywings van die
boerdery van seker Boesmans, maar dit was al in die neentiende eeu,
en hul het dit van die Hottentotte en Bantoe geleer.
REGERINGSVORM EN ORGANISASIE.
Dit word dikwels beweer dat daar geen regeringsvorm of organisasie
onder die Boesmans bestaan het nie. Dit kom gedeeltelik deurdat
die meeste skrywers maar die mense begin bestudeer het na hul as
'n volk opgehou het om te bestaan, en gedeeltelik deurdat die ideale
regeringsvorm vir 'n volk soos die Boesmans so anders is dat dit nie
so in-die-oog-vallend vir die reisiger kan wees nie. Francis Leguat
wat in 1708 sy reisverhale gepubliseer het, sê:
"nog die Hottentotte nog enige ander nasie by die suid punt van
Afrika is absoluut sonder regering nie."
Ons het dus skriftelike beweringe aan albei kante. Laat ons die aparte
feite wat met die saak te doen het, ondersoek en sien wat ons daaruit
kan aflei. Lichtenstein, sowat 'n honderd jaar na Leguat skrywe:
"daar is maar min verkeer tussen die aparte groepies; hulle werk
selde saam, as dit nie in 'n groot onderneming is waarvoor die
verenigde krag van 'n groot getal geëis word nie."
Starrman, 'n twintig jaar vantevore, herhaal wat 'n trekboer vir
hom gesê het, naamlik dat, van die Blanke met ywer die Boesman begin
uitroei het by Bruintjieshoogte, het dié hul aantal vermeerder. Dit
steun wat Lichtenstein vertel, en wat Lichtenstein gesê het, bewys wel
die bestaan van 'n organisasie wat die mense in geval van nood bymekaar
kon roep, en dit weer veronderstel 'n hoof, d.w.s. 'n regering hoe
swak of vaag ook al vergeleke met ons stelsels. Die skrywer is dus
geneig om aan te neem wat Stow sê.
Hy skrywe dat 'n Boesman hom vertel het dat die ou Boesmans in seker
groot stamme verdeel is onder een groot hoof wat een stuk grond had
(jagterrein), taamlik goed afgebaken. Die stamme is dan verder
verdeel en onder onderhoofde geplaas wat elkeen byna onbeperkte
magte had. Maar in tye van gevaar het hul altoos weer rondom die
groot Kaptein vergader. Hulle was baie getrou.
As Stow verder reg is in sy bewering dat die Tamboekies bestaan uit
Boesmans en 'n deel van die Abatemboe wat by Boesmans beskerming
teen hul vyande na 'n burgeroorlog kom soek het, dan is die bestaan
van 'n organisasie absoluut bewys, want 'n Bantoe-stam, al is dit
verslaan, kon onmoontlik 'n veiligheidsoord by twee of drie loshangende
"huisgesinne" van Boesmans gevind het.
OPVOEDING.
By die studie van 'n hoogbeskaafde volk, is dit gebruiklik om saam
met die regeringsvorm ook die opvoedingstelsel te ondersoek. Hier
is daar maar min te vertel. Die kleintjie word gebore en dit duur
miskien twee en 'n half jaar voor hy gespeen is. Intussen het hy al
begin ronddwaal en saadjies en bolle begin toets. Soos die kinders
van ander rasse moet hulle maar altoos klaar staan om te doen wat
die ouers sê. 'Soggens na 'n fuif, as die ouderlike tong droog
uithang van die katsenjammer, moet die kleintjies opstaan en water
haal--vader en moeder het mos nog nie uitgerus nie. Daar was nie
kweperlat in daardie dae nie, maar wat ook al die surrogaat was,
dit was doeltreffend; alhoewel daar ook 'n ander middel was om die
Boesmannetjies soet te hou, naamlik deur Paaiboelies waarvan ons
ook hoor. Verder was die speel van die kinders maar die werk van
die ouers verklein. Mejuffrou Bleek vertel die skrywer dat die ou
Boesmans klein pyle en boë vir hulle seuns gegee het, en !goin-!goins
vir die dogters. In die Kaapstadse museum is daar klein 'kibies wat
volgens Dr. Peringuey speelgoed is. As dit so is, styg die Boesman
as vader hoër in die agting van die skrywer. Watter ouer sal vandag
'n 'Kibie vir sy kind maak? Dat die seuns met hul vaders uitgegaan
het om te jag, en so kennis opgedoen het van diere en wind en spoor,
kan die skrywer nie bewys nie; maar dit is vermoedelik. Dat hul in
skyngevegte geleer skiet het, weet ons. Twee seuns (of mans) met egte
gifpyle bewapen, skiet in dié gevegte op mekaar so vinnig as hul kan,
en elkeen probeer om te koes sodat die ander se pyl hom nie raak nie.
In verband met die opvoeding van die kinders is die volgende
verhaaltjie te kostelik om uit te laat. Een van Dr. Lloyd haar klein
Boesmannetjies was 'n bietjie onmanierlik. Dit het die ander Boesmans
soseer vererg dat hulle na die Dokter gaan om beleef verskoning
vir die kind te vra, want, sê hulle, haar ouers is dood toe sy nog
'n babetjie was, en sy is by blankes groot geword!
PERSOONLIKE NAME.
Was die Boesman ernstig toe hulle dit kom sê, is die storie pragtig;
het hulle dit vir 'n grap bedoel, is dit nog mooier. En daar is
mense wat wil beweer dat 'n man wat soiets kon sê, nie eers sy kind
'n naam kon gee nie. Daar is mos baie skrywers wat weet te vertel
dat die Boesmans nie name gehad het nie. Dit is nie nodig om die
bewering ernstig te weerspreek nie, ons weet dat hul name had,
maar daar moet darem 'n rede wees waarom so 'n storie begin het, en
die skrywer meen dat hy die rede ontdek het. Ons moet weer Campbell
raadpleeg--die arme sendeling wat die inboorling in die algemeen en
die Boesman in besonder nie kon verstaan nie, maar wat tog deur die
snaakse kaskenade wat hy met die Boesman aanvang, so 'n helder lig
op die vraagstuk werp. Campbell skrywe:
"It was some time before I could even learn what was the captain's
name. They consulted together three or four minutes laughing
several times. The captain appeared to be requesting his wife to
help him, either to recollect, or to decide what was his proper
name. At length ... he said his name was Hoakay...."
Onder baie inboorlinge word dit nie toegelaat om 'n man se naam te
noem nie. Onder seker Bantoe-stamme was dit nie eers toegelaat om
enige lettergreep te gebruik wat voorkom in die naam van die kaptein
nie, en as 'n gevolg, by elke verandering in die kapteinskap, moet
'n nuwe klomp woorde opgemaak word. Dit is die werk van die vrouens
en dié gewoonte heet die Hlonipa. Die skrywer het nog nie bewys
gevind dat daar ook so 'n taboe onder die Boesmans bestaan het nie,
met uitsondering van die verhaal van die seun wat bal-bal met die Wind
gespeel het, en een of twee ander verhale van dieselfde soort; maar tog
sou die bestaan van die gewoonte of bygeloof heel wat feite verklaar.
VERHOUDING TUSSEN BOESMANS EN HUL BURE.
Onlangs is deur een van ons Afrikaanse staatsmanne die beginsel
neergelê dat wat die ander rasse van jou dink, byna net so belangryk
is as wat jy self is. Sonder om dié teks te bespreek, kan ons daarvan
gebruik maak as 'n inleiding om vir die volgende indeling van ons
onderwerp te dien: Wat was die verhouding tussen die Boesmans en hul
bure? Wat het hul van mekaar gedink?
Die Boesman het die Blanke beskou as 'n gevaarlike, magtige, wrede
vyand wat sy land wou steel, en hom 'n slaaf maak, of vermoor. Die
Blanke, soos ons alreeds gesien het, het hom aangesien vir iets wat
nie heeltemal mens is nie, 'n vuil, lastige pes wat nie vir hom wou
kom werk nie, maar gedurig sy vee wou steel. Die ander inboorlinge het
almal die Boesman geminag--soos die Blanke het hulle ook gemeen dat
die Boesman nie mens is nie, en dit is duidelik te bespeur in hul
"folklore" en hul bygelofies. Renshaw byvoorbeeld in 1821 vertel
dat onder die Kaffers 'n mens eers 'n leeu of 'n Boesman moet
gedood het voordat hy seker poste kan beklee, terwyl die folklore
praat van die eerste man wat gekom het toe daar maar net Boesmans
en diere op die aarde was. Die name wat die meeste Bantoe-stamme
vir die Boesman het is Abatwa of Abatua--d.w.s. dwergies. Ook tref
ons die woord Wak-Wak--d.w.s. die mense wat soos bobejane praat
(vergelyk Barbatos). Die Sesoetoe-woord het ons alreeds gehad--Baroa,
die mense van die Suide. Die Soeloe-name beteken olifant-jagters
en aardmannetjies, maar saam met die minagting bestaan daar ook
'n vrees vir die geheimsinnige dwergies wat hulle nie heeltemal
kan verstaan nie. By waterwys, en vuurmaak met die vuurstokkies,
kan die Bantoe nie met die Boesman konkureer nie. So ook met die
gifpyle; die Bantoe probeer ook gif maak, maar het nooit dieselfde
vertroue in sy eie preparaat nie, sê Fritsch, terwyl Lichtenstein se
Betjoeanas die gifpyle van Boesmans wat hulle optel, bêre. Soos ons
alreeds gesien het, het hulle kaptein ook eenkeer 'n Boesman-dokter
geraadpleeg. As die slot van hierdie indeling kom goed te pas 'n
vertaling van die inleiding tot 'n artiekel oor Boesman-skilderye
deur Rev. T. W. Green. Hy sê:
"Die naam waaronder die skilderye onder die Kaffers gaan is
o datiwe ba Batwa--, Skeppinge van die Batwa (Boesmans). Dit
is merkwaardig dat die voorsetsel o persoonlik is, en neem aan
die persoonlike vorm van die twede naamval van die woordjie ba
(van): asof die inboorling se gees deur bewondering of eerbied
aangetas is."
DAPPERHEID.
En daar het rede bestaan vir die eerbied, nie alleen vir hulle kuns
nie, maar ook vir die dapperheid van die klein mensies wat so dapper
was dat oorlogvoerende Bantoe-stamme Boesmans gebruik het in die
voorfront van die geveg.
Vir dapperheid en vryheidsliefde is die Boesman nog nooit oortref
deur enige ander nasie nie. Die punte kan miskien die beste duidelik
gemaak word deur stories en uittreksels uit die geskiedenis van die
Boesmans in die laaste jare van hulle eensydige stryd vir hul land en
hul vryheid. Maar voordat die verhale voorgelê word, om diegene stil
te maak wat miskien sal beweer dat dit nie skone dapperheid was nie,
moet dit geboekstaaf word dat Boesmans al uit louter mensliewendheid
hul lewe in pand gestel het om Kaffers te red--ja om selfs 'n jong
hondjie te red.
In die volgende storie is dit nie alleen die dapperheid maar die
brutale humor van die Boesman wat jou tref. Campbell praat weer:
"'n Groot span Boesmans het 'n rukkie gelede na ou Lattakoo
gegaan en in die helder middag 'n klompie vee in gesig van die
dorp gebuit. Die inwoners, om rede 'n pak wat hul onlangs van die
Boesmans ontvang het, was so bevrees, dat hul geweier het om hul
op te volg. Dié bangbroekigheid het die Boesmans so aangemoedig,
dat hul na die grens van die dorp kom en potte eis om die vleis
van die buitgemaakte diere in te kook."
Om die dapperheid van die Boesman te bewys, kan daar baie gevalle
aangehaal word, maar vir ons doel is dit genoeg om te vertel hoe
die Boesmans leeus jag. Hulle wag tot die leeu hom dik gevreet het
en rustig slaap, dan bekruip hulle hom, en party van die jagters,
want hulle gaan nie alleen nie, skiet hom, terwyl die ander 'n groot
karos om sy kop woel sodat hy hul nie kan verslind voor die gif werk
nie. Mense wat hartkwaal het, behoort so 'n jag nie by te woon nie!
Op Bainsvlei, naby Bloemfontein, het die ou Mnr. Bain baie leeus
geskiet. Hy het 'n heel klompie mak Boesmans ook op sy plaas gehad wat
hy daar vir sy plesier aangehou het, en as daar 'n leeu moet geskiet
word, gaan hy op 'n plek voorlê en hulle, ongewapend, moet die leeu
gaan lok van sy lêplek, tot waar die baas voorlê. Fritsch vertel dié
storie vir die waarheid [6].
VRYHEIDSLIEFDE.
Theal prys "the intense love of liberty" van die Boesman; Fritsch,
"diese Freiheitsliebe" maar Stow gee vir ons 'n skets wat hy van
Dr. Rubidge, wat blykbaar self teenwoordig was, gehoor het. Dit het
geen verder aanmerking of aanvulling nodig nie:
"......Nadat hulle seker skade teweeg gebring het, is die stammetjie
omsingel deur 'n kommando wat hul nagevolg het, en daarin geslaag
het om hul af te sny tussen die rotse van 'n oorhangende punt bo
'n steil afgrond. Hier vir die laaste keer het dié Boesmans gestaan
om slag te lewer. Hulle onversadigde vyande dreig aan die een kant,
aan die ander lê die afgrond wat alle moontlike hoop van ontsnapping
belet. 'n Bloedige maar hopelose stryd vir die lewe begin--een na
die ander val hul voor die koeël-reen wat hul teenstanders op hul
uitgiet. Die gesneuwelde en sterwende lê opgehoop op die skrikwekkende
krans; veel, met hulle laaste worsteling met die pyn, rol en val
tussen die omliggende punte en splete. Maar weerstand bied hul nog,
en beswyk een na die ander tot alleen een enkele oorbly.
"En tog, met die bloedige hoop dooies om hom, en die verbryselde
lyke van sy kamerade op die rotspunte onder hom, het hy net so
onbevrees daar uitgesien as toe hy deur die ganse genootskap van
sy dapper broederkrygers omring was. Op die uiterste punt van die
oorhangende rotse neem hy sy posiesie in; daar, met 'n afgrond van
sowat tweehonderd voet aan ieder sy van hom waar geen man hom sou
durf volg nie, daag hy sy vervolgers uit. Tussen die koeëls wat soos
haelstene om hom heen slaan, het dit gelyk as of hy met paljas betoor
is, en met nimmer feilende hand los hy pyl na pyl op sy vyande waar
en wanneer een van hulle onversigtig hom ontskuil.
"Die snaar van sy boog lê al teen sy laaste pyl; 'n gees van medelyde
trek blykbaar oor die venynige vyandelike skaar wat hom van alle
kante bedreig; hulle roep na hom dat sy lewe sal gespaar word as hy
hom oorgee. Met minagting skiet hy sy laaste pyl op die spreker met
dié woorde: ''n Opperhoof weet wel hoe om te sterwe, maar nooit om oor
te gee aan die ras wat hom uitgebuit het nie!' Toe met 'n wilde kreet
van minagting draai hy om, en spring daar onbevrees die steil afgrond
af waar hy, op die rotse vermorseld, sy dood ontmoet. So het vergaan
met onverskrokke moed die laaste van sy stam, en met hom verdwyn sy
stam ook uit die geskiedenis van Suid-Afrika."
EERLIKHEID EN HOFLIKHEID.
Dapperheid en vryheidsliefde bewonder ons, maar dit het vir ons
nog meer waarde wanneer dit gepaard gaan met 'n gevoel van eer en
eerlikheid--en dit het die Boesman gehad. Hierdie punt het ons al
vroeër aangeraak, maar die getrouheid aan hul vriende moet ook beskrywe
word. Van sy baas sou hy byvoorbeeld nooit steel nie. Sy baas sou hy
nooit namaak nie, alhoewel hy die dramatiese kuns goed verstaan het,
en baie lief was om dit te beoefen. Alles van sy baas wat verlore raak,
bring hy vir sy baas terug as hy dit optel. Mejuffrou Bleek vertel hoe
daar twee Boesman-kwaaddoeners, wie se tyd op die breekwater om was,
by Dr. Bleek vir kos ens., aankom. Hulle is vriendelik onthaal, en na
'n dag of twee sou hulle hulle reis voortset. Die aand voor hulle
vertrek, groet hulle mooi vir die Blankes en kry hul padkos, want
hulle sou douvoordag vertrek. Die volgende dag toe die mense opstaan,
is die tuin van alle blare skoon gevee--'n teken van dankbaarheid wat
'n arm witman nie beter kon bedink het nie. Dit was hulle erekode:
"getrouheid aan jou vriende!"
GEDULD.
En getrouheid ook aan die werk wat begin is. Wat die Boesman aanvaar,
gaan hy mee entuit. Geduld het die Boesman in oorvloed gehad. Die
'kibie, en die vanggate is daarvan genoeg getuienis, maar daar is
baie feite wat almal 'n bewys lewer van dié deug. Geduld en ywer
het die Boesman uitgeoefen--die lui niksnuts soos ons te lief is
om hom te beskrywe! 'n Man wat 'n haas of 'n springbok kan inja,
is nie lui nie! In die warm son ja hulle die wild tot een van die
twee flou val. 'n Muil, sê hulle, kan jy nie doodwerk nie, want hy
besit nie moed of trotsheid nie, maar 'n perd kan jy aanja tot hy
in die tuie doodval. En die Boesman dryf homself tot hy inmekaarsak,
en as sy maters hom nie kom help nie, sal hy daar sterwe.
TAAL.
Sy brein is maar klein, maar sy lyf ook; en sy brein, sy wilskrag hou
hom gespanne as hy opgewonde raak. Met hom, soos met ons kunstenare
vandag, word 'n werk wat begin, en afgewerk kan word, met ywer gepak,
en klaargemaak; maar die nimmereindigende dagelikse klein werkies wat
die siel van 'n kunstenaar breek, kon die Boesman ook nie baasraak nie,
en daarvandaan die feit dat hul nie verder ontwikkel het nie. Brein,
nieteenstaande wat baie skrywers sê, had hulle bepaald. Dink maar
byvoorbeeld aan hulle ontwikkeling in hulle jagmetodes ens., wat hulle
hier in Suidafrika moes uitgewerk het, afgesien van die kennis wat
hulle uit die Noorde saamgebring het. Ook lewer die Boesman bewys van
sy vermoë deur die gemaklike wyse waarop hy tale aanleer. Verskillende
outoriteite maak spesiaal melding hiervan, en een vertel van 'n
Boesman wat buiten en behalwe sy eie taal vlot Afrikaans praat, meer
Engels ken as baie Boere, en sowat ses ander Hottentot- en Bantoe-tale
magtig is. Om hierdie punt te bespreek, sal ons 'n bietjie te ver van
ons onderwerp aflei. Ook die bespreking van hul taal is buiten die
bevoegdheid van die skrywer. Alle Afrikaners weet dat Boesman-taal,
saam met Hottentot- en een of twee Bantoe-tale die klappers besit, maar
dat die Boesman taal meer het as die ander. Die klappers is moeilik
vir die Blanke om uit te spreek, ja selfs om die aparte klappers
vanmekaar te onderskei, en die moderne uitvindsel die praatmasien,
probeer nie eers om die klappers weer te gee nie! Mejuffrou Doris
Bleek, een van die weinige Blankes wat vandag nog kennis het van die
Boesman-taal, het die skrywer 'n paar feite meegedeel; onder ander,
ook wat aantoon hoe die Boesman aggee op die gang van 'n mens,
vertel sy dat die Boesman byna tweemaal soveel werkwoorde het vir
verskillende maniere van loop, kruip, slinger ens.
Maar terwyl ons die behandeling van die onderwerp van taal moet oorlaat
aan die taalkundiges, is daar een metode van gedagtewisseling wat
die Boesman gebruik het, wat ons wel hier kan bespreek, naamlik die
seintaal. Dit is te verwag dat die Boesman 'n seintaal had. Alle nasies
of klasse wat met mekaar wil gesels waar daar te groot geraas is,
of waar daar nie mag gepraat word nie, het so iets. Die skooljong,
die arbeiders in seker fabrieke, die spoorwegwerkers ens., het
almal hul eie seintaal. Die bewoner van "flats" in Napels kan lang
besigheidsgesprekke met die groentesmouse onder in die straat voer
sonder om 'n woord uit te spreek. Die Grieke kon met gebare feitlik
enige getal merk of weergee. En wat vind ons in die geval van die
Boesman? Ongelukkig maar min besonderhede. Stow vertel dat hulle voor
'n strooptog die hele aanval in al sy besonderhede bespreek, en alle
moontlike uitslae bedink en 'n kode van seine uitwerk om mekaar
bekend te maak met die loop van sake gedurende die aanval. As dit
so is, moet ons verwag dat vir eenvoudigheid hulle, sover moontlik,
gedurig dieselfde seine gebruik het, en so 'n seintaal ontwikkel
het. Campbell en 'n paar ander skrywers vertel vir ons van enkele
gebare. Bleek en Lloyd vertel dat as 'n man by 'n jag flouval, hy stof
opgooi as 'n teken dat hy hulp nodig het. Campbell vertel ook hoe
hulle (d.w.s. onbekende wilde Boesmans) nog een aand met vuurseine
hom op die regte pad na water gehelp het. Vergelyk ook die volgende
twee uittreksels, een byna 'n eeu en 'n kwart oud van Lichtenstein,
dat ander nog geen ses maande gelede nie deur Reuter uit S.W. Afrika
gesein:
"Die Bosjesmanne het 'n onafgebroke kommunikasie met mekaar, so
goed, dat hulle alles weet wat in die land aangaan, nie alleen
gouer nie; maar meer akkuraat as enige ander nasie. Indiwiduele
Bosjesmanne, sê hulle (d.w.s. die Betjoeanas) kom ongewapend
en alleen na hulle (Betjoeana) veewagters en smeek om kos, in
terugbetaling waarvoor hulle meedeel enige nuus wat hulle van wis."
Die twede uittreksel is uit een van Reuter se telegramme oor die
geval van 'n seker patrollie onder Kapt. Swemmer wat 160 myl van
Grootfontein al hul kamele en al hul water buiten een kameel en een
bottel water kwytgeraak het.
"Toe kom een van die geheimsinnige gebeurtenisse wat in die
wilde Afrika gebeur. Op een of ander wyse stuur die Boesmans
die boodskap aan dat Kapt. Swemmer deur leeus aangeval is, en
met een kameel aankom en water nodig het. Die Boesmans op die
grens van Grootfontein ontvang die boodskap, en deel dit met
die beamptes by Grootfontein mee...... Hoe die nuus vervoer is,
bly onbekend. Boesman-bodes mag miskien die moeite gedaan het om
dit na Grootfontein te bring. Dit, dink die mense is nie baie
waarskynlik nie, en die ou Blanke-inwoners glo liewer dat die
Boesman die groot primitiewe gawe van telepatie besit."
En waaroor gesels die Boesman? Natuurlik oor sake wat binne of naby die
grense van sy kennis lê. Die Jonkvrou Augusta Uitenhaag de Mist het in
1802 baie kortaf die kennis van die Boesman beskrywe. "Hy het kennis
van niks," skrywe sy, "as van gifpyle en vuurmaak." Dit is egter nie
so nie, en buiten en behalwe sy kennis wat ons alreeds ondersoek het,
wil die skrywer 'n paar feite voorlê in verband met hulle kennis
onder die volgende hoofde: aardkunde, aardrykskunde, rekenkunde,
dierkunde, geneeskunde, plantkunde, sterrekunde, letterkunde, digkuns,
toneelkuns, danskuns, musiekkuns, graveerkuns en skilderkuns. In seker
van genoemde indelinge van kennis, is hulle vordering groot gewees,
in ander weer, minder; maar afgesien van hulle kunste, was hul
almelewe prakties. So was dit ook met hul kennis van aardkunde. Die
stowwe wat hulle van wis, was die grondstowwe waaruit hulle hul verf
gemaak het, waarvan hul hulle pylkoppe gemaak het, en hulle bore; maar
hulle het ook geweet wat vandag amper 'n verlore kuns is, d.w.s. hoe
om die vuurklip te slaan om die verskillende werktuie te maak; ook
wis hul waar om vir water te soek en dit was vir hulle altoos al te
mooi, wanneer in die diens van die Blanke, om met hul kennis te pronk,
en gou water te vind na die Bantoe tevergeefs probeer het.
AARDRYKSKUNDE.
As deur Aardrykskunde verstaan word 'n kennis van waar riviere hulle
oorsprong het, en waarheen hul loop, en dergelyke dinge, dan het die
Boesman feitlik geen kennis van aardrykskunde gehad nie. Hulle het
name vir riviere gehad, en ook ander plekke soos berge en fonteine
het name gekry; maar in die vrugbare dele van ons land het die
Boesman nie veel gereis nie, en dus nie veel kennis van die land
as 'n geheel opgedoen nie. Boesmans wat Campbell mee gepraat het,
is oud geword sonder om 'n vyf-en-twintig myl van hul geboorteplaas
te gaan. Maar terwyl soveel dorpelinge wat vandag met hulle kennis
van aardrykskunde kan spog, op die veld verdwaal, ja, selfs binne
tweehonderd tree van hul eie woninge, het die Boesman die wonderlike
gawe gehad om altyd die regte koers huis toe te ken, al neem jy vir
hom hoe ver, en langs watter kronkelende paaie ook al.
REKENKUNDE.
In rekenkunde was hulle ook swak. Hulle het name gehad vir een, twee,
en drie, en geen hoër getal nie, vertel Mejuffrou Bleek, maar hulle
het gesê veel, of met hulle vingers gewys: "soveel" vir getalle
tussen drie en elf. As dit verby die tien kom, is hulle verlore,
en sê net "seer veel." Mejuffrou Bleek egter sê dat sy nog nooit
'n Boesman gekry het wat nie kon tel nie, maar dan maak hul gebruik
van die Afrikaanse of Engelse of Bantoe-telwoorde.
Die waarde van rekenkunde word eers deur 'n volk gevoel as hul
begin handel, of voorsorg vir die toekoms maak, soos by voorbeeld
vir die winter ens. Die Boesmans, soos ons al gesien het, het wel
'n bietjie handel gedrywe, maar alhoewel hulle nou en dan 'n bietjie
biltong maak of miereiers of sprinkhane braai en maal, duur dit maar
'n week of twee voor alles weer op is. Onder hierdie omstandighede is
daar maar min ontwikkeling in rekenkunde te verwag. Tussen hakkies
is dit miskien nodig om te sê dat die gebrek aan hoër getalle as
drie nie beteken dat hul nie met hoër getalle kon werk nie. Die
Indiërs byvoorbeeld het twee woorde lakh en crore vir getalle wat
ons nie woorde voor het nie, maar tog werk ons met daardie getalle
(d.w.s. honderdduisend en tien miljoen). Die Australiër het ook
maar woorde vir een en twee; maar drie is vir hulle twee-een; vier,
twee-twee; nege, twee-twee-twee-twee-een; tien, twee hande; twaalf,
tweehande-twee; twintig, een man; en drie-en-neentig, byvoorbeeld,
tweeman-tweeman-tweehande-twee-een. Stow beweer dat die Boesmans op
dieselfde manier tot tien getel het.
DIERKUNDE.
Maar dit was in dierkunde dat die Boesman uitgeblink het. Dit is
waar dat hy nie 'n klassifikasie van die diere had of vir hulle lang
Latynse name gegee het nie, maar hy het hul spore geken en gegraveer
op rotse. Hy het hulle manier en gewoontes tot op 'n haar geken, en
gaan ure en ure van tevore sy posiesie inneem waar hy weet dat die
wild op 'n seker tyd sal kom. Die gevalle alreeds gesiteer met die
leeujag bewys byvoorbeeld dat hulle die leeu se gewoontes baie goed
geken het. Ja, en daar is van hulle wat beweer dat hulle die taal
van die leeu en ander diere kan verstaan. Moet ons die bewering as
verspot verklaar? Nee geensins. Laat ons weer hoor wat Campbell sê,
die man wat hier in ons land in 'n wit-en-blou-gestreepte broek
rondgery het om die Boesmanmeide die alfabet te leer. Hy sê dat
'n leeu en 'n volstruis so amper dieselfde geluid maak dat hy die
een nie uit die ander kon onderskei nie. Dat hulle in dieselfde
musikale klas kom, is waar, en Boesman folklore bewys dat die Boesman
dit ook besef het, maar geen volstruisboer sal vir 'n minuut twyfel
wanneer hy die een of die ander hoor nie. Blinddoek enige boereseun,
en plak hom by 'n hoenderhok neer. Van wat die hoenders daar gesels
sal hy haarfyn kan beskrywe wat onder hul daar plaasvind. Van 'n
hond se blaf kan 'n mens sê wat vir wild hy gevind het, en kortom,
verstaan ons die taal van die diere wat ons rondom ons het. Wat die
Boesman dus beweer van die dieretaal is heeltemal geloofbaar. Dat hy
hul gewoontes so goed ken dat hy as 'n dier vermom, tussen hulle kan
ingaan, bewys ook dat hy in daardie opsig baie meer kennis had as
ons hedendaagse dierkundiges. Dit is nou nie te lank gelede nie dat
Fabre, die Franse entomoloog, ontdek het waar die gif op die hare van
rispes vandaan kom. Die kortbeen-jagters het dit al lankal geken, en
na die bron daarvan gegaan om pylgif te kry. En die wonderlikste
van alles is nie dat hulle die en ook ander gifte ontdek het nie,
maar dat hulle met die verskillende teëgifte wat miskien die grootste
deel van hulle geneeskunde uitgemaak het, bekend geraak het. Hulle
het wel ook van ander medisyne af geweet, en hul dokters het kennis
gedra van nog meer; maar, soos selfs by ons moderne dokters in seker
mate oogverblindery uitgeoefen word, omdat die mensdom dit wil hê,
het hulle dokters ook getoor. Wat nou ook weer onlangs gebeur het,
bewys, alhoewel nie absoluut nie, dat die Boesman medisyne het. Tien
Boesmans (Marsarwes) is op 'n beskuldiging van moord, gevang, en in
die tronk vir tien maande opgesluit. Toe, na tien maande die regering
besluit het om nie met die saak aan te gaan nie, was daar maar vyf
oor! Die ander is intussen gesterwe, maar die oorblywende, wat darem
ook siek was, kom dadelik weer reg toe hul weer by hul wortels kon
kom. Van hul towermedisyne soos die gekruiste houtjies, en snye oor
hul liggaam, is dit onnodig om nou hier verder oor uit te brei. Hul
geneeskunde, as 'n ware kennis apart van bygeloof, het afgehang
van hul kennis van plantkunde, en dit soos ander kennis van hulle was
eg prakties. Van bolle en blare en saad, het hulle geweet wat eetbaar
is, wat medisyne is, en wat gif is--en dié vraag bly onbeantwoord:
waar, hoe, en wanneer het hulle die belangryke kennis opgedaan? Hulle
het nooit plante gekweek nie, nooit geploeg of gesaai nie, en
dus verwag 'n mens nie dat hulle die jaar in jaargetye sou verdeel
nie, maar hulle het 'n woord vir somer, 'n ander vir winter, en een
vir lente wat beteken vroeg-somer. Mejuffrou Bleek weet egter van
geen woord vir herfs nie. Die skrywer meen dat die begin van ware
sterrekunde in die landbou en die seevaart lê, en dat later die studie
weer 'n verder stoot gekry het deur die Bygeloof wat altoos met die
sterre gepaard gegaan het. Onder die Boesmans vind ons dus ook nie
'n ware kennis van sterrekunde met kennis van die reis van die son
deur die konstellasies nie, maar 'n kennis alleen van seker sterre en
sterregroepe. Canopus, een van die groter sterre, en Sirius het hulle
ook geken en aanbid soos alreeds vermeld, maar wat interessant is,
is hulle stories oor die Hart van die Dageraad. Uit die twede Rapport
van Dr. Bleek oor Boesman-Navorsinge, aan die Kaapse Parlement, 1875,
kom die volgende:--
"The 'Dawn's Heart' (The Star Jupiter) has a daughter who is
identified with some neighbouring star preceding Jupiter (at the
time when we asked, it was Regulus or Alpha-Leonis). Her name
is the 'Dawns-Heart-child' and her relation to her father is
somewhat mysterious. He calls her 'my heart', he swallows her,
then walks alone as the only Dawns-Heart Star, and, when she is
grown up, he spits her out again. She then herself becomes another
(female) Dawn's-Heart, and spits out another Dawns-Heart-child
which follows the male and female Dawn's-Heart."
Die eerste punt wat ons hier moet opmerk, is dat Dr. Bleek nie
heeltemal seker is watter ster met die planeet Jupiter geassosieer is
nie. Die tweede punt is dat uit die verhaal ons moet aanneem dat die
Hart van die Dageraad en sy kind en kleinkind hemelse liggame is wat
altoos naby mekaar bly, anders sou so'n intieme verhouding nie aan
hulle toegeskrywe word nie. Ten derde, is dit vermoedelik, dat die
gebeurtenis wat beskrywe word een is wat hom dikwels herhaal, anders
sou dit nie besonder indruk op die primitiewe brein gemaak het nie.
Dit is vir die skrywer heeltemal duidelik dat Dr. Bleek nie die Boesman
verstaan het toe laasgenoemde hom die "Hart van die Dageraad" in die
hemel probeer wys het nie.
En waarom het die misverstand ontstaan? omdat die Boesman na iets
wys wat die Blanke nie met sy blote oog kon sien nie! Die enigste
liggame wat met Jupiter die hemel deurreis is sy vyf mane, wat eers
in 1610 deur Galileo ontdek is, die eerste sterrekundige ontdekking
gedaan nadat hy sy verkyker gemaak het.
Om sy bewering te staaf, dat die Boesman twee uit die vyf mane geken
het, en dus waarskynlik lank voor Galileo hul ontdek het, is dit
nodig vir die skrywer om by bowestaande nog die volgende by te voeg
uit 'n boek oor sterrekunde deur Dr. Chas. A. Young, Professor in
Sterrekunde by Princeton Universiteit.
"When Jupiter is in opposition, the fourth satellite is sometimes
nearly 10-1/2' away from the planet, or one-third of the moon's
diameter; and in a very clear air (soos byvoorbeeld in die Karo)
can be seen by a sharp eye without telescopic aid. The third,
though larger, never goes more than 6' from the planet and it
is perhaps doubtful whether it is ever seen with the naked eye
unless when the fourth happens to be close beside it."
Hier sien ons hoe die prosaïese sterrekundige probleem van die
beweginge van Jupiter se mane wat ons soveel hoofbrekens op die
Universiteit veroorsaak het, in 'n digterlike manier deur die Boesman
behandel is. Digterlik is ook sy beskrywing van die oorsprong van die
maan dat dit 'n sandaal is wat !Kaggen in die lug gegooi het. Digterlik
omdat hulle altoos praat van die maan wat loop oor die hemel en die
skoen vir hulle die stoflike voorstelling van "loop" is. Soveel van
wat hul sê en doen is so deurtrek van digterlikheid, dat 'n mens
dikwels twyfel of die volk wat sulke wonderlike werk in die beeldende
kunste gelewer het, werklik nie meer as digters moet waardeer word
nie. Alleen die internasionale medium van die eersgenoemde kuns sal
waarskynlik altoos die skaal aan sy kant aftrek, daar die oorgrootste
meerderheid hul digkuns alleen deur 'n tolk kan geniet.
In die besit van die skrywer is 'n stoflike gedig--'n Boesman
gifpyl--die snel bode met 'n doodlike boodskap. Vooraan, op die kop
lê die slanggif dik, en agter in plaas van die gewone seningband,
is 'n ringetjie van slangvel aangekrimp. 'n Stoflike gediggie wat
die slang beskrywe. 'n Toehoorder mag miskien beswaar hê dat die
digterlikheid net in die verbeeldingskrag van die skrywer sit, maar
met jou studie van die Boesman sien 'n mens soveel van dié gees dat
dit nog lank nie onmolik is dat die pyl so afgewerk het nie. Dit
is swaar om 'n gedig aan te haal, want die skrywer moet ongelukkig
vertaal van 'n vertaling. Hier volg egter so 'n vertaling, en uit dit
inleiding blyk dit dat die digter 'n man is wat deur die sendelinge
sou beskrywe word as 'n man wat in die diepste ellende van onkunde
verkeer, en tog hoe pragtig is sy beskrywing van die leegheid nou
dat sy maat nie meer by hom is nie.
"Dit is 'n treurlied deur Gaattin gesing na die dood van sy vriend
die towenaar en reenmaker !Nuin !Kuiten wat aan die gevolge van
'n skot gesterwe het wat hom een aand getref het terwyl hy, in
die vorm van 'n leeu rondloop. (Hy sê die snaar wat daar so lief
in die blou hemel gesing het in die leeftyd van die towenaar,
word nie langer gehoor nie).
DIE GEBROKE SNAAR.
Dit was die mense die, wat
daardie snaar vir my gebreek 't.
Daarom
word die plek nou so vir my
daaroor.
Want daardie snaar was wat vir my gebreek 't.
Daarom
voel die plek nie meer vir my
soos dit hier eers gevoel het
daaroor.
Want
die plek voel net asof dit ope voor my gebreek het.
die plek voel net asof dit ope voor my staan
omdat die snaar vir my gebreek het.
Daarom
is die plek nie aangenaam vir my
daaroor.
'n Volledige, selfs seer uitgebreide behandeling van die digkuns en
letterkunde van die Boesman kan onmolik hier 'n plek kry, maar die
Filistyne wat nie wil glo in die digterlikheid van die Boesman nie,
moet die gediggie aan 'n nog nie ontluikte blom lees, en dit ernstig
probeer verteer.
Onder Dr. Bleek se ou Boesmans was ene IIKabbo, 'n oubandiet wat
verantwoordelik is vir een van die mooiste digterlike prosastukke
wat nog in ons land in enige taal saamgestel is. Dit is die
beoordeling van die skrywer, en hy word in sy opienie gestaaf
deur een van ons Afrikaanse digters wat hoog aangeskrewe staan.
In die Boesman-kultuur gaan toneelkuns nie saam met letterkunde
nie, maar maak feitlik met danskuns en musiek een geheel uit. Soos my
toehoorders sal weet is die Bantoe-ekwiwalent vir die Afrikaanse vraag:
"Wie is jy, en waar kom jy vandaan?" 'n vraag wat beteken: "wat dans
jy?" (m.a.w. wat is jou 'siboko' of jou stam?) Dit wys op die feit,
dat by die Bantoe die dans 'n half-nasionale, half-godsdienstige
betekenis het. Dat dit so by die Boesmans was is vir die skrywer nog
nie duidelik nie. Dat iets bowenatuurliks, mense straf wat te kwaai
dans is 'n vaste geloof by hul. Ook is daar storie van 'n Godin en
haar feë wat met die mense dans; en in seker van hul danse is daar 'n
tydelike opheffing van die streng sedewette, iets wat by die Bantoe
ook in seker Godsdienstige seremonies plaasvind. Dit is wel molik
dat party van die danse, soos onder baie barbare half godsdienstig
is; maar ander danse lyk meer op 'n gevolg van 'n opborreling van
lewenslus as die heuning en vleis volop is; terwyl ander weer die egte
tekens van toneelkuns dra. Vir die grootste gedeelte van hulle danse
is al die dansers of die meerderheid vermom soos diere wat dan ook
die gang van die diere namaak. Die danse sal ook waarskynlik dien as
'n oefenskool vir die jonger jagters. Die musiek word gewoonlik deur
die meide verskaf, maar nie altoos nie.
MUSIEK.
Die musiekinstrumente van die Boesmans is die 'Kopo, 'Joum-'Joum,
'Kangan, en 'Goura wat almal op die boog gebaseer is. Siedaar 'n tema
vir ons Afrikaanse digters--om te beskrywe die mooiklinkende klank
van die singende snaar in die oor van die jagter wat weer indring in
sy siel as hy die aand by die vuur sit en sy maters vertel, miskien
nog in versmaat, van sy gelukkig jagtog. Onwillekeurig, onbewus gly
sy hand na sy boog, en onwillekeurig pluk-pluk hy aan die snaar,
half uit bewondering vir die klank, en half omdat die voel van die
snaar en die klank van sy noot hom help om die jagtoneel weer voor
sy oë saam te stel.
Hieruit is gebore die musiekinstrumente van die Boesmans--'n stel boë
wat elkeen 'n aparte noot weergee of 'n boog met drie of vier snare;
snare wat opgeblaas word, of gepluk of geslaan word, en miskien ook
met 'n strykstok aan 't trille gesit. Vir klankvergroting is 'n die
later instrumente 'n skilpaddop of 'n kalbas vasgemaak. Buiten die
snaarinstrumente is daar die fluitjie, die rommelpot of tamboer, en die
Boesman-klokkies gewees. Laasgenoemde is uit gedroogde springbok-ore
of soiets gemaak met klippies of saadjies daarin, en om die enkels
van die danseres gedra.
Verskillende poginge is al gemaak om die Boesman-musiek op te
skrywe, maar deskundiges sê dat dit nie met ons note molik is
nie. Musiekkenners weet dat die ag note van ons Europese toonleer
willekeurig is, en buite vir die eerste en laaste note daar geen
egte wetenskaplike rede vir die aanneming van so 'n toonleer bestaan
nie. In die musiek van ander nasies, dus, tref ons dikwels die vaste
bestaan van kwart-tone, en ander, vir ons, uitheemse dinge. En dit is
nie alleen onder minontwikkelde musikante nie; selfs die Skotte wat
lank moes musiek gespeel het voordat hulle die wonderlike en wonderbare
doedelsak ontwikkel het, gee bewys (as die skrywer hom nie misgis nie)
deur hul ouer volksliedere, van die bestaan van 'n toonleer met maar
vyf note in plaas van ons ag. So verskil ook die Boesman toonleer,
maar die skrywer kan nog nie beskrywe presies waar die verskil lê nie.
Stow beweer, dat die Boesman onder al die inboorlinge die musikaalste
aangelê is. Dit is moeilik om te bewys, en moeilik om te glo,
nog te meer as 'n mens hulle musiekinstrumente vergelyk met die
van die Bantoe; maar dat die digterlike skilders ook besiel is met
'n musikale gevoel wat tot in hul murg deurdring het, is duidelik
uit die storie wat Stow ons vertel. Dit is van twee ou Boesmans,
man en vrou vir wie hy sy kopieë van Boesman-skilderye gewys het.
"Eindelik kom ons by die prente van ou danse. Ou 'Kou'ke
roep dadelik uit, 'dit, a, dit was 'n pragdans, dit is die
'Ko'Ku-curra!' Dit, sê sy, is uit die mode geraak toe sy nog
'n dogter was, maar is altoos in die dae van haar ouma se ouma
gedans. 'Ek ken 'dit, en ken die lied.' En dadelik met haar kop en
lyf aan 't roere, begin sy sing"----dan volg die musiek--"Terwyl
'Kou'ke die boonste reël sing, word die ou man meer en meer
aangeroer en hou aan, aan haar arm pluk, terwyl hy herhaal:
'Moenie! Moenie!' Maar sy gaan maar deur; toe hy weer vreeslik
treurig sê, 'Moenie, moenie, die ou liedere sing nie, dit maak my
hart te weemoedig', maar sy wil nie luister nie, en hou aan selfs
met meer lewe as eers, asof die herinneringe uit die verlede haar
opgewonde maak, tot eindelik die ouman, nie meer in staat om sy
gemoed te bedwing nie, uitbars met die lied van die twede reël",
(d.w.s. van die aangehaalde musiek). "Hul kyk na mekaar en was
uiters gelukkig, die blik van die vrou was asof sy wou sê 'A, ek
dog dit sou jou omhaal!' 'n Mens het nie verwag om 'n vertoning
van sulke egte gevoel te vinde onder mense nie wat beskou en
behandel word as die ontembare, venynige ongediertes wat die
tot-die-dood-bestemde ras kamte is."
BEELDENDE KUNSTE.
Dié verhaal van Stow vertel ons van die musikale ekstase van 'n seker
egpaar; laat ons onder die folklore van die Boesmans soek na iets
wat ons miskien kan vertel van wat die volk dink en voel oor musiek
en klanke. Ongelukkig is daar tot dusver nog so min gepubliseer,
dat dit moeilik is om so 'n vraag te beantwoord, maar van wat
gepubliseer is, kry ons 'n verhaal van wat feitlik 'n singwedstryd is
('n Boesman-Eistedfodd) tussen die volstruise en die leeus toe hulle
nog mans was. Ook leer ons uit een van die verhale, dat die woord vir
bewussyn beteken "dinksnare," en as dié stilstaan, word die persoon
bewusteloos. Vergelyk ook die gedig van die gebroke snaar wat eers
die singer se heelal met soetklinkende trillinge gevul het. Hier
het die musiek in die taal ingedring soos die "poker"-woorde in die
taal van die Amerikaner, en die ossewawoorde in ons taal. Maar wat
'n mens merk in die gepubliseerde stukke is hoe dikwels, vergeleke
met die paar plekke waar klank en musiek van gepraat word, die gevoel
van skoonheid van vorm en kleur voorkom. Plekke, byv. beskrywe hulle
as mooi, ook wolke en diere word bewonder. Ook die diere van hul
fantasie word beskrywe as mooi diere--"gestreep soos 'n sebra". Een
van die verhalers vertel van 'n potjie wat gemaak is, 'n kleipotjie,
pragtig bo al sy maters, ook en hier durf ek nie die vertaler se
woorde weer vertaal nie, praat een van "a handsome young man, his
head is surpassingly beautiful."
En hul idee van skoonheid was nie bepaal deur kleur soos in die geval
van die gestreepte dier of vorm soos by die kleipotjie nie; maar hulle
het ook kan waardeer grasieuse beweginge as bewys deur !Han !Rasso wat
vertel van die hasie wat hy had toe hy 'n seuntjie was, en wat hy so
bemin het, want, hy dag "dat daar niks was wat sig so liefies beweeg,
as die hasie wanneer dit saggies huppel, saggies daar rondhuppel."
Dit is kunstenaarstaal, en kunstenare is uit die volk gebore wat nie
die kop in skaamte hoef te buig in watter geselskap van skilders hul
ook mag kom nie. Vir die kunskenner is dit onnodig om verder uit te
brei oor hierdie punt, en die man wat geen oog vir die beeldende kunste
het nie, kan 'n mens moeilik leer om die Boesmankuns te waardeer, of te
geniet; maar met die name van reuse slaan 'n mens sulke Filistyne dood.
Neem byvoorbeeld die bekende skildery van die leeu wat die man opeet,
die Filistyn beskrywe dit en dergelyke kunsstukke as "unbedeutende
Kritzeleien welche gar keine Beachtung verdienten", maar in daardie
selfde gekrabbel sit Kuns! Net 'n paar lyne wat glad nie die omlyning
is van "Felis Leo" nie, en tog staan daar die "vaal kat" met die gewig
van 'n os in sy skouers en die ratsheid van 'n kat in sy voete! Nog
nooit was daar 'n man soos die een wat daar sy doodskreet uit nie,
en tog vertolk daardie krom lyntjies die wanhoop van die arme man,
en sy skreë vir hulp klink in die ore van die toeskouer. Dit is die
werk van 'n barbaar, onontwikkeld. Maar die Franse is tog die wêreld
deur bekend vir 'n hoog ontwikkelde, kunsvolle nasie, en wat produseer
daardie volk na al die jare, na al die eeue; nadat hul die kuns van
Assirië, Egipte, Griekeland, Italië, Spanje, Holland, Indië, en Japan
bestudeer en verteer het? 'n Skool wat werk lewer soos "Die Dans"
van Matisse [7]. 'n Skool wat die Gees, die Siel probeer skilder
sonder om te veel ag op die liggaam, op die uiterlike te gee. Die
dorpeling gaan op die veld met 'n jagter; daar gunter is daar 'n
beweging, wat oor is byna voor dit begin. "Dit is so-en-so 'n dier,"
sê die jagter, en die dorpeling bewonder die jagter se skerp gesig,
maar wat hy behoort te bewonder is die jagter se kennis. In daardie
oomblik was daar byna geen kans om kleur te merk, seker geen kans om
vorm te sien nie, maar wel tyd om die beweging te besef en te herken
as van die of daardie dier. En dit verklaar een van die eienskappe van
baie van die Boesman-kunsstukke. Soos in "die Dans" is die omlyning
foutief, maar die beweging wonderlik, kunsvol, akkuraat. Voor 'n
Boesman tekening staan baie met die gedagte: "Presies die jakhals wat
ek nou-nou daaronder tussen die bossies gesien draf het." Terwyl voor
die doeke van baie van die moderne diereskilders, kom dié gedagte op:
"Watter pragtige hare! Maar is die huid nie goed geskilder nie! Dit
lyk kompleet die jakhals wat ek eergister in die museum gesien het!"
Die ander punte in verband met Boesmankuns moet ons maar net korteliks
aanroer, want 'n behandeling van die Boesman-kuns verdien 'n aparte
lesing. Maar ons kan hier darem op 'n paar ander eienskappe van die
Boesman-kuns wys.
Die wanhoop van die leeuprooi [8], die tergende speelgees van die
bobejane, die wakkerheid van die jakhals, die gerustheid, of die
argwaan van die bok [9], die lompheid van die vermomde jagter, hoe
duidelik het die Boesman kunstenaar ons dit vertolk; hoe duidelik
is die bewys van sy vermoë op dié gebied. Die vorse spring van die
leeu [8], die sorglose, trotse, parmantige draf van die olifant
en die "vry hotnot" wat hom houdings gee, hoe natuurlik is dit
geskilder! Trek vir die laasgenoemde 'n rooibaadjie en blou broek met
'n rooi naadstreep aan, druk 'n platdop-pet op sy kop, en daar het jy
'n Phil May-tekening van Tommy Atkins.
Diere in profiel is baie algemeen [10], en hier en daar vind 'n mens
een wat baie vry, byna matematies versier is, maar die durf van
die Boesman is partykeer brutaal in sy keuse van 'n onderwerp, en
hy skilder diere in houdings wat geen Europeaan sou durf weergee nie
[11]. Terwyl hulle dikwels enkele diere en mense skilder, is daar baie
werke van hul bekend waar 'n jagavontuur of 'n dans, of 'n toneel uit
hul geskiedenis afgebeeld is. Daar is bekend 'n 'goin 'goin-dans, 'n
'Ko'ku-curra-dans, 'n Mo'Koma-dans, en een wat waarskynlik die Wysgeer
se dans weergee. Jagavonture is volop, die jag van die olifant, die
elande, die volstruis en die leeu. En van die laasgenoemde, is daar
twee wat die skrywer besonder interessant vind, een waar gebruik
gemaak word van die elandsvel-skilde, en een waar die Boesman die
leeu na die skutters toe lok. Oorlogtonele bestaan uit afbeeldinge
van gevegte tussen Boesman en Bantoe, Boesman en Hottentot, Bantoe en
Bantoe, en Boesman en Boesman. 'n Pragtige voorbeeld van hul kuns is
die tekening van 'n klompie Boesmans wat van die Bantoe 'n twintigtal
vee steel, 'n ander vertel weer van hoe hulle 'n Boer doodgemaak het
en sy vee gebuit het terwyl sy Bantoe-veewagters vlug. Wat besonder
die oog vang in hierdie tonele is, wat tegnies heet die komposiesie,
en 'n wonderlike ineenloping van lyne is in hulle werk te bespeur wat
nie toevallig kan wees nie. Mense en diere is dikwels te vinde, maar
landskappe en plantelewe minder algemeen. Die skrywer weet alleen van
een verdroogde pan, 'n paar bome (een uit Rhodesië met 'n papegaai
daarin) 'n klompie takke, enige kiepersolblare, en 'n klein klompie
bome en bolle wat hul uit hul eie gedaan het. Hulle het ook bewys
gegee van 'n liefde vir mooi lyne wat niks stofliks voorstel nie.
Die kleure wat hul gebruik het is wit, swart, geel, oranje, bruin,
sjokolaad, rooi, rosskleur, pers, blou en groen. Mej. Bleek weet
van geen woord in hul taal vir pers nie en sê dat hul maar een woord
het vir blou en groen. Dit beteken natuurlik nie dat hulle nie die
verskil weet nie, want ons noem byvoorbeeld al die volgende kleure
rooi, alhoewel ons goed besef dat hul nie almal dieselfde kleur is
nie: die kleur van 'n pennieposseël, en die kleur van die posbus,
die kleur van 'n rooi os, en die kleur van rooi hare, die kleur van
'n rooi-roman, van rooi-koper, en die kleur van bloed.
Maar buiten die ge-illustreerde geskiedenis en versieringe alreeds
omskrewe, is daar honderde tekens waarvan ons nog nie en waarskynlik
nooit die ware betekenis sal weet nie [12]. In byna enige grot is
hul te vinde, en dieselfde ontwerpe wat 'n mens langes die Vaalrivier
naby Kimberley op die harde rotse graveer, vind, pryk in verf op die
rotse in Basoetoeland. Alleen van een of twee van die tekens is die
betekenis bekend. Is hulle 'n primitiewe skrif wat miskien alleen
deur 'n klein getal ingewydes bekend is? Is hulle 'n oorblyfsel van
'n ou Geloof? Wie kan vandag sê! Hulle is geheimsinnig, of om meer
akkuraat te wees, is hulle betekenis vir ons 'n geslote boek. Dat 'n
geheimsinnige of godsdienstige of toweragtige agtergrond of oorsaak
bestaan vir die Boesman-skilder en -graveerkuns is die idee van seker
deskundiges, maar ander soos Hahn en Stow ontken dit ronduit. Daar is
tekeninge wat met hul Geloof en Bygeloof te doen het, maar sover die
skrywer kan oordeel is daar net so min towery of godsdiens daaraan
verbonde as aan die prente in ons ge-illustreerde Bybels. Baie van
die tekeninge het eenvoudige verklaringe, maar ons kennis van die
volkies is te beperk. Fritsch byvoorbeeld skrywe:--
"Zuweilen scheinen die Künstler aber ihrer Phantasie freien
Spielraum gelassen zu haben wie sich z.B. eine nackte menschliche
Figur mit rothem Zickzack streifen um die Lenden und einem Ding wie
ein zusammengefalteter Regenschirm in der Hand auf einem Felsen
in Key Poort (östliche Colonie) vorfand, welche sich nicht wohl
deuten lässt."
Vandag weet ons dat wat Fritsch nie kan verstaan nie 'n afbeelding
is van 'n Kaffer met 'n steekasgaai wat soveelmaal groter en breër
is as die Boesman-pyl, en vir hom so lomp lyk, dat hy digterlike
vryheid gebruik het en die lompheid te oordrywe soos ook in die grot
by Modderpoort, O.V.S.
Die handigheid van die Boesman om gebruik te maak van die natuurlike
vorm van die rotsoppervlakte in sy tekeninge; sy wonderlike graveerkuns
waarmee hy ook pragstukke gelewer het [13], Stow se teorie dat die
Boesmans uit twee aparte stamme die skilders en die graveerders of
beeldhouers, soos hy hul noem, bestaan; en die praktiese moderne
toepassing van die Boesmankuns, behoort meer tuis by 'n behandeling
van hul kuns, en sal ons hul maar vir 'n later geleentheid laat bly.
En so laat ons tydelik afskeid neem van die Boesman, die dwergie, die
barbaar, wat in sy primitiewe staat beter kon teken as die Egiptenaar
en selfs as die Griek toe die al die fondament van ons wysbegeerte en
boukuns aangelê het. Ons bejammer die Boesman, en daardeur minag ons
hom. Is sy primitiewe toestand voor die koms van die Neger en Blanke
rasse meer te betreur as die van ons? As hy genoeg kos het, (en hy kry
genoegsame gesonde liggaamsoefening om dit te wen) kom hy tuis na sy
vrou en kinders en geniet daar sy vleis en groente met sy bier. Daarna
kan hy vir hom besig hou met die kunste en sy geestelike genot uit
die wêreld trek. Kom daar nie duisende Blankes van hongersnood om
nie? Is die krotjies in die agterstrate van die stede te vergelyk
met die grotte onder die kranse wat uitsien op myle en myle varse lug?
En waar bestaan die volk wat soveel digterlikheid en letterkundige
smaak sal vertoon onder so 'n klein klompie indiwidue as wat Dr. Bleek
by hom had, en dié nog almal uit die tronk uitgehaal?
Ekonomies is ons vooruitgegaan, maar as die ware geluk, die doel is
van die mensdom, die mikpunt van almal, kan ons ons nog die vraag
stel--Is ons werklik nader aan ons doel as die Boesmans?
AANTEKENINGE
[1] Sien Plaat A.
[2] Sien Plaat B.
[3] Sien Fig. I.
[4] Sien Fig. II en III.
[5] Sien Fig. VI. 'n Uitleg van hierdie prent verskyn in "The Cape
Monthly Magazine," Julie 1874.
[6] Onder Stow se tekeninge is daar een wat bewys dat die storie
waar is.
[7] Sien Plaat C.
[8] Sien Fig. VII.
[9] Sien Fig. VIII.
[10] Sien Fig. IX.
[11] Sien Fig. X.
[12] Sien Fig. XI.
[13] Sien Fig. XII.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK IETS OOR DIE BOESMANKULTUUR ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Gedigte | Van den Heever, F. P. (François Petrus) | 1,894 | 1,956 | Heever, F. P. van den (François Petrus) | https://af.wikipedia.org/wiki/Toon_van_den_Heever | af | [
"LCSH=Afrikaans poetry",
"LCC=PT"
] | [
""
] | 2021-11-28 00:00:00 | 28 | The Project Gutenberg eBook of Gedigte
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Gedigte
Author: F. P. Van den Heever
Release date: November 28, 2021 [eBook #66835]
Language: Afrikaans
Credits: Kobus Meyer, Emmanuel Ackerman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK GEDIGTE ***
GEDIGTE.
[Illustration]
GEDIGTE
DEUR
F. V. D. HEEVER
[Illustration]
J. H. DE BUSSY,
PRETORIA—AMSTERDAM.
HOLL. AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co.,
KAAPSTAD.
1919.
INHOUD.
Bls.
Aan „Madonna” 1
Sondag More 2
Die beeld van Oom Paul 3
Twee en Een 4
Ter gedagtenis van Immelmann 5
Virgo Rustica 6
Madonna-diens 7
In die Park 9
Uit Christina Rossetti 15
Rit-Rijmpie 16
Die Blomme 18
Herdenking 19
Haalwit gestapelde Wolke 20
Radbod 21
En alles word jou toegeworpe? 24
Die laatste Trekker 25
Uit Heine 28
Arkadië 29
Die skat van Petrossa 30
Die „Saunter” 32
Bieblebom se Berge 33
Die Possie 34
Lacrimae Rerum 36
Wie in Glashuise woon 37
I. Mania Blasphematoria 38
II. Berusting 40
Die Afgrond roep uit tot die Afgrond 41
’n Speeltoneel 42
Die Kus 43
In die Hoveld 44
In die Lig van die Maan 45
Die sleutel 46
Aan mij Moeder 47
Die Onfinalist 48
Die Verhuising van Cupido 49
Aan M—. 50
Afrika 51
AAN „MADONNA”.
Ek ken ’n woud waar orchidieë straal
Soos sterre in ’n bij-besogte dal,
En lisplend sing ’n lome waterval
Tot slaap soos wierook op die bosse daal.
Dan kom die Feeë-koningin, gedra
Van droomgewiekte rosse, wit soos melk
En swaar wieg elke orchidieëkelk,
Belaai met elwe-klosse om haar wa.
Daar dring ’n stoet van ridders om haar heen
En bied in diamante bekers wijn,
Wat in die halflig vonkel soos robijn,
Bied op geboë knieë, een vir een.
En deur die dromme van die dartel stoet
Dring daar ’n beedlaar wat sij hoof laat hang,
En bied haar in ’n bloemkelk opgevang,
Diepbuigend, wat hij het—sij hartebloed.
’n Oomblik speel ’n glimlag, soos die maan
Deur wolke skemer, oor haar rosemond
Terwijl sij vreugde uitstort in die rond;
Sij kon die dure gawe nie verstaan,
Maar in die woud waar orchidieë straal
Soos sterre, in die bij-gesuste dal,
Ruis lispelend ’n lome waterval
Tot slaap vir ewig op die bosse daal.
SONDAG MORE.
Dit is stil in die voorhuis
En stilte rus swaar op die bulte daarbuite,
En stoffies hang blink in die lug, waar die venster
’n Gulde balk van louter luister inlaat.
Daar word boeke gevat:
Die psalm gaat statig opruis,
Ruis weg oor die druipende wilkers,
Waar die tortels selfs luister;
’n Hymne aan God, aan wie dit gerig is,
’n Statige hymne van rus en van vrede,
’n Wierook kolom.
Dis weer stil.
Luid kraai die haan in sij beurtsang—
En nou word gepraat, eers saggies dan luider,
Nou word selfs gelag ... die stemming verbroke—
Die diens is virbij.
DIE BEELD VAN OOM PAUL.
Grouw in die maanlig rijs die swaar kolos,
Oorheers die jong geboomte aan sij voet,
Waardeur die aandwind huiwrig klaënd spoed,
En rustloos, als van geeste, sug die bos.
Die maan maak daar ’n glimlig op sij wang,
Wat in die skemer lijk als nat betraan;
Hij peins oor jonggestorwe hoop, die waan
Van volkwees, peins oor volkswee en oor dwang.
Voor sij gesig daar strek die doderijk,
Waar al sij tijd- en strijdgenote rus,
En aandwind saggies oor die slapers strijk.
Wit-deinsrig skijn die maan oor stene alom....
En grillig die verlede wat daar kijk
Op ’n gewese Afrikanerdom.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
TWEE EN EEN.
Voor die „ek” nog bestaat
Word gesug en gesorg,
Verwagting met vreug word ontvange in wee;
Wat al is, word vir hoop
In die toekoms geborg,
Want die lewe is een, en die wil is vir twee.
Lippies so lokkend
En blosse so sag,
Verleilik die ogies nou, dan weer verlee;
Dis nog skaars in die lewe,
Nog skaars uit die nag—
Maar die lewe is een, en die wil is vir twee.
Naar die kerk gaat dit hijgend
En wiegend en swaar,
Teen die boesem verlep moet die bijbeltjie leen;
Met vuur word gebid
En gevlei—Ja dis waar,
Die lus is vir meer, maar die lewe’s net een.
TER GEDAGTENIS VAN IMMELMANN.
Is Icarus gevalle, waarom huil die wind so sag?
Waarom strooi die meerminkore perels neer?
Hoor jij nie daar’s geen gelispel, net ’n droewe golweslag
En die nautilus pluik nou g’n purper meer.
Is Icarus gevalle in die vreemde, ver van huis,
Waar ons eie bulte nooit sij graf sal merk,
Maar in beddings van korale waar die skulpe ewig ruis,
Sij hoof geskraag op ’n gewrakte vlerk?
Is Icarus gevalle? Ja, hij kon ’n laë swerk
Nooit vir sij hoë moed genoegsaam vind,
En stijgend steeds van kreits tot kreits met kloek gespanne vlerk
Trotseer hij altijd wakker weer en wind,
Tot sfere waar die vrijheids son sij strale nijdig hef
Met wimpers in die weste rooi omkrans,
Toe word meteens sij wieke met Apol s’n pijl getref,
Virseker was die val met sterreglans.
Ja, Icarus gevalle! maar hij wou g’n slaaf meer leef,
Net wie nooit wil stijg kan moeilik immer val,
Strooi blomme oor die water, laat die maagde kransies weef,
Wijl die water droewig weeklaag teen die wal.
Ja, Icarus gevalle! Maar solang die winde suis,
Solang die seeskulp fluister van die see,
Sal vertel word van die ridder wat gevel is ver van huis,
Vir vrijheid en vir glorie, lang gelee!
VIRGO RUSTICA.
Twee oë vol lus vir die lewe,
’n Gesig wat van geesvlugheid spreek;
Vol geesdrif en lig, wat daar bewe,
Die bekoorlikste skaduwees week;
’n Lag soos die beek, wat daar kabbel,
Soos klippies in diep kuile val,
En ’n stem soos die watergemurmel,
Soos golfies aan wal.
Als die welle in sirkels uitrimpel,
Geheimsinnig die kuile deurwaar,
En die lelie al wiegend self dimpel,
Met laggies haar weerskijn aanstaar;
Waar die waterriet suiselend fluister,
Haar geheim teen die nagwind belij;
Soos ’n vreemde geluid in die duister
Onverstaanbaar is sij.
MADONNA-DIENS.
Dit is ’n nag, die opstandig van drome,
En ons ontwaak uit slaap, wat ons rede noem,
En agter uit die skemer, uit die some,
Waar Digting Waarheid raak, kom opgedoem
Diana van die jag; die Mingodin,
Godinne vroeg aanbid;
Want Liefd’ moes lewe gee, die jag dit win:
Offers en kranse wit
Het altijd die altare van die twee getooi,
Geskenk van Jeugd wat sug naar roem,
Of skugter nooi.
Die vrouwlikheid trek ons virewig aan.—
Die Dondergod en Mars moes altwee swig,
Al het die Prins van Vrede vir ons voldaan,
Te luister was sij lig:
Madonna moes vereer word, Moedermaagd,
Haar slape moes bekrans met die kleurkring van die maan,
En deur die glorie van ’n grote God versaagd
Soek mens wat menslik is en bid Haar aan,
Bepeins haar pijn, haar wereldgrote smart
En weedom vir haar wig,
Haar moederhart.
Die Eeuw is haastig, Liefste, maak gebaar
En in ons tijd van rede en ongeloof,
Verdeelde doele en twijfel, val ’n skaar
Van vrae ons aan en wil ons rus beroof.
Die lug is swoel daarbuite, swijgend swaar
Van stroperige walm uit blommekelk,
Die kriek sing lente en die padde-skaar
Weergalm en swijg, die meibos, wit soos melk
Skijn in die maanlig wat in strome rus
Op die lente wat daar lok.
Soos hare van ’n vrouw wat saggies sus
En sing, haar kroos omkrans,
So druip die wilkertakkies loom en slank en glans
Soos silwergaas of elwerok
En rus.
IN DIE PARK.
Jij sê ek’s mal omdat ek dag na dag
Hier in die park allenig sit. Ou maat,
Strij help nou niks, ek sien dit in jouw oë,
En in die oë van die kindertjies,
Wat bang-meelijdend naar mij kijk en dan
Weer agter rok van Ma of meid induik.
Asjoublieftog, neef, wag net ’n beetjie, hoor.
Vir daë sit ek hier alleen en lag,
En tel die groewe wat al dieper snij
In mij gesig, soos in ’n pad waar waans
Met sware vragte spore agter laat;
Nou moet ek praat en jij moet luister, neef,
Moet help die vragte biekie ligter maak
Of ek gaan vasval. Dis reg, luister nou.
Kijk daardie grasvlek, waar die kinders speel
En waar die gieter sprei; kijk die kwikkie daar,
Kom nader tot die waterstroom hom rol
Oor die kweek, dan kom hij weer, en nou
Sit hij sij bors en krap. Uit die vijwerkom
Spuit slank ’n waterstraal omhoog en sprei
In duisend perelsnoere, soos ’n maagd
Wat trag haar liggaam met haar haar te dek.
Hoor hoe die water lag, net soos ’n vrouw
Wat haar kindjie opgooi en weer veilig vang;
Kijk die blommemure hier, en daar, en daar,
Soos strome louter goud en westergloor
Waaruit die bij-gesoem mij rede sus,
(Jij lag om ek sê rede) en die heuningbek
Bewegingloos al oor die blomme tril,
(Selfstandig soos die hoogste Englekoor),
Of blink en groen van bed tot bedding straal.
Kijk die kinders, man, verstaan jij wat ek meen?
Verstaan jij dat ons almaal, iedereen,
’n Engel het, moet hê, wat ons bewaar?
Hoe sal ek jou tog maak verstaan? Let op!
Saands in mij bed steek ek ’n sigaret
Aan, elke nag, voor ek die lig uitdraai;
En onder bij mij voete, teen die muur
Hang daar ’n prent van Echo, dit wil sê
’n Prent van ’n beeld van Echo, slank en wit,
Wat wag en wag en luister, ewig wag;
Virewig en verniet. Dan glim die kool
Van mij si’gret in die prent, en ek denk so:
„Narcissus kom tog nooit, sal nimmer kom;
„Maar al sal Echo nooit haar minnaar sien,
„Haar tweeling suster Weerlig sal sij kus
„En die refleksie van ’n vonk omhels;
„Want Weerlig moet vir Weerklank troos, of ek
„Word gek, die spanning is te groot, net soos
„Die blomme teen die muur ’n siekmens pla.”
Nou, so het ek en jij en iedereen
’n Engel wat ons wandel gadeslaan;
Ek hoor sij wiekgeruis in kinderlag
En sien sij vleu’els blits in manestraal,
En in die lag van maagde, en sij stem
In water wat so sag teen walle klots.
Toe ek nog klein was het mij moeder steeds,
Als sij mij naar mij bed bring en laat bid,
Vertel van hierdie wagter, dus geen vrees.
En deur mij jeugd in lig of duisternis
Het ek geen trouwer metgesel gehad
’n Wese wat oor siel en liggaam heers,
’n Afgesant van God.
En toe een aand,
Ek sien dit nog, die kerk was stapelvol,
En hel het lugterkroon en lamp gestraal,
En orgel-tone triomf uitbasuin.
Die predikant was glad van wang en stem,
—Ek sien die lig nog op sij voorhoof glim—
En wijl toehoorders weeldrig sit en gril,
Het hij van voorbestemming sag vertel,
(Predestinasie, wat jij dit wil noem)
In periode ruim en afgerond.
Die wee, mij God, ek voel dit nog, die wee
Waarmee ek daardie kerkgebouw verlaat het;
Dit het soos vure oor mij siel geskroei,
Soos wurme in mij murg geboor, mij brein
Laat brand soos koors.
Waarom, dag ek, waarom
Die mensdom selfbewus gemaak, gebied
’n Ewig voortbestaan, totdat hij lus
En toe, net soos ’n kind ’n hondjie terg,
Dit weggeruk? Die glorie, adel, prag,
Die wilde skoonheid van ons groot heelal,
Wat soos ’n riet mij hele siel laat tril,
Als die grootse harmonie daaroor gaat ruis,
Gaat alles swanger aan verderf en hel;
Wijl Hij, die maker, homself Liefde noem!
„En daar ek so ’n God nie kan bemin,
„Is ek verdoemd,” hoor ek ingewing sê;
Van toe af het ’k mij engel meer bemin
Dan moeder ooit haar één gebreklik kind.
Ek sien die weedom op sij voorhoof rus
Soos donderwolke op die bergekam,
Waaruit sij oog met dowwe meelij blits;
Ek sien sij wieke druip soos ridderpluim
Van slaë slap en hooploos strijë moeg.
Verbeel jou, man, dis voorbestem en voor
Die grondlegging der wereld al besluit
Dat ek verdoemd is, hij oor mij moet waak;
Wat hij ooit doen mog, of ek ooit verrig,
Die skrif staat vas en pal.
Verstaan? Ek sien
Die skaar van Engelwagters wat ons hoed,
Ons, van wie die merendeel verdoemd is,
Want sê die skrif nie so? Mij Engel nou
Moet mij bemin, en altijd sien en sorg,
Daar hij ’n ruimer siel het, dieper voel
Die wanhoop van sij taak.
Als storme dreig sien jij die vooltjies skuil
En hoor hul swijg, die aandblom sluit homself
En snare kan gelijke snare roer:
Die weedom van mij Engel rus op mij
En maak die groewe dieper; maar als ek weer
Gaan denk aan sij meelije, trouwe sorg,
Hoor ek sij vleuels ritsel in die gras,
Sij wieke-slae pols dan in mij oor,
Sij wondre liefde maak mij siel dan week.
Dis dan wat ek hier sit en lag en sien
Hoe dat die kinders stoei, die meide slaap
En sonlig dartel met die druppels speel;
Dis alles suiwer weelde, alles vol
Met die liefde van mij Engel.
Die mense sê
Ek’s gek, kranksinnig, of in kindertaal,
Mij varkies uit die hok. Nog als student
Het ek geleer van Plato en sij grot
En hoe die skaduwlanders sieners terg;
Nou, ek sien Engle, voel hul weedom, weet
Dat dit om ons is wat hul treur. Weet jij
Of wat jij sien die son is? Dankie neef,
Die bitterheid des doods het nou gewijk,
Ek sal weer kijk hoedat die kwikkies rol,
En heuningbekkies blits van blom tot blom
En bommelbije deur die beddings gons
Totdat die nag dit alles immer dek.
UIT CHRISTINA ROSSETTI.
En als ik kom te sterwe, Lief,
Sing dan g’n klaaglied nie,
Plant dan g’n rose op mij graf
Of koel cypresse nie.
Laat net die groen gras bô mij wees,
Die reen en die moredouw,
En als jij wil, vergeet mij
En als jij wil, onthou.
Want skaduws sal ’k nie sien of voel,
Hoedat die water week,
Nie hoor hoedat die vooltjies sing
Alsof hul harte breek,
Maar ik sal altijd drome droom
In die skemer daar, wie weet,
Misskien sal ik daar nog onthou,
Misskien sal ik vergeet.
RIT-RIJMPIE.
Die koeëls die blits, dat die klippe so brand—
Hoera vir die reuk van ’n roer!—
Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,
Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!
„’n Uur nog, net ene”—’n uur van die hel!—
„Als ons maar die nek kan hou,
Dan is ons kommando die drif veilig deur!”
En hij bid sonder handegevouw!
Wild en wijd, wild en wijd,
Gee die perde maar teuel en spoor;
Jij hoor net daaronder die hoewegedonder,
En hierbo fluit die koeëls langs jouw oor.
Daar hinnik ’n liddiet, rijperd van die Dood
Blits hemel en aarde dooreen;
Die stof wijk—die mense ’s die drif veilig deur—
Bij Jan Pieterse leef nog net een.
„Ons trap!” kommandeer hij. Wild en wijd
Gee hul perde maar teuel en spoor;
Hij hoor net daaronder die hoewegedonder
En ’n skreeuw—hij ’s allenig nou oor.
Trug nou, trug deur die vlaag van lood,
Sij maat kan hij daar niet laat blij!
Al om hom daar gons dit die lied van die dood,
Waar sij sikkel al snerpende snij.
Met die wonde man dwars oor sij saalboom geleg
Gaat hij stadig en stappende heen,
Geen teken van haas, hij rij peinsende voort
Op ’n stap deur die koeël-gereen.
„Laat staan, hij’s ’n held—‚Three cheers’ vir die Boer!”
Sê die Engelsman, hees in die keel.
Die bulte weerklink met vier harde hoera’s,
En die lug word met helmette geel!
Jan Pieterse draai hom sij vijande toe
En wuif hulle dank met sij hoed;
Al stappend verdwijn hij op die horison daar
In ’n raam van die westergloed.
So hoera, vir die klank van stiebeuel en spoor
En hoera, vir die reuk van ’n roer!
God behoede ons veld van die vreemde geweld
En bewaar ons ou land vir die Boer.
DIE BLOMME.
Dis blomme langs die paadjies
En blomme bij die wal,
Dis blomme net waar ek kan kijk,
Dis bontheid oweral.
Die rooies wenk die luidste,
Viooltjies knik gedwee,
Die wind ontlok die soetste geur
En wieg die blommesee.
En waarom wenk die blomme so,
En waarom sprei hul geure wijd?
Die bij kom oor die tuin gesoem,
Hij suig hul heuning uit.
Dit ritsel langs die gange,
Dit trippel oor die pad.
Nou waarom was die sij gespin,
Die kant en ’k weet nie wat?
Die oë kijk brutaal uit
En anders luik gedwee—
Cupido sweef van blom tot blom
En breng sij pijle mee.
HERDENKING.
(Net ’n pakkie briewe).
Soos die geure van somernagte
Mij laat denk aan ek weet nie wat,
Lang gelee, in mij diepste gedagte
Soos ’n mens in die donker vat;
Soos ’n ou, ou lied vol verlange
Naar iets vaag en ver;
Soos die echo’s van sagte gesange
Sweef omher;
So stijg daar ’n geur uit die briewe,
Laat mij denk aan ek weet nie wat,
Hoe die ridders van ouds ongeriewe
’t Oorkom en deurstaan vir hul skat;
Hulle’s weg.... maar ’n wilde verlange
Naar iets vaag en ver
Blijf bij ons, en die soetste gesange
Sweef omher.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
HAALWIT GESTAPELDE WOLKE.
Die haalwit gestapelde wolke,
Paleis van die winde gebouw!
Hoe sou ek hul heimnis vertolke
En saggies dit fluister vir jou?
Verguld steek die domme nog witter
Af teen die velde van blouw
Soos jouw oë, en perlemoer skitter
Soos douw.
Sal ek fluister? Ons rijk in die weste
Word van sieraad ontbloot;
Die winde verstrooi nou ons veste,
Selfs wijsheid moet dood;
Maar wijl lippe op lippe kan bewe,
Bied mij jouw mond, Lief, bied nou,
Eer ons gloed, eer ons hartstog begewe,
Soos paleise van winde gebouw.
RADBOD.
In noorderwoude, koel en stil,
Op altare van mos gebouw
Het die Sakse hul Dondergod gedien
Met ander gode, ’n stuk of tien,
En hul feeste daar gehou.
Maar toe kom Gods Hamer; die woude dreun
Soos hij preek met swaard en met vuur,
En in naam van Christus die kinders vermoor
En hele lande laat smeul en laat smoor
Onder sang van Gods lof deur ’n monnikekoor,
En verwoesting van skut en van skuur;
Want die naam van die Koning van Vrede dien vaak
Als ’n leuse vir die wat strij
Vir eer, of vir goud en die lus om te buit,
Of die mag van ’n grensende volk te stuit
Of om rang in die volkere rij.
Die Hamer moes stadig aan swig vir die kruis,
Die grense van Rome word wijd,
En Radbod, die dienaar van Wodin moes buig
En sij hoof voor die God van die heerser neig
Stil in deemoedigheid.
Lugters skijn hel deur die wierook wat walm,
Die bekken en water staan klaar;
Woes klink die sang van die priester-skaar
Benouwd is die saal en die rook wat waar,
Dan stijg weer die jubelpsalm.
Daar nader Radbod in witte gewaad,
Sij oë blij strak op die grond.
Die doopformulier is al afgedaan
Een voet in die water reeds, blij hij staan
En ’n glimlag speel om sij mond;
„Priester, jij sê ’k sal die hemel beërf,
Maar ver is die poorte en nouw:
Waar is mij vaders dan, die oor die see
Gevaar het, en alles daarvan gevee
En kuste vervul het met wanhoop en wee,
Waar rus mij vaadre nou?”
„In die hel!” sis die priester. En Radbod trap trug
Van die bekken en hef homself fier
Omhoog met oë wat bliksem van trots
Soos van arend of gier:
„Priester, jouw hemel kan jij maar hou;
Liefs daar dan met graamtes van christne daarbo,
Te gierig te eet, net ruim om te glo.
In Valhalla met Wodin en Thor,
Tot Ragnarok die heelal soos ’n deken vouw,
Sal ek fees—tot die seeë verdor.”
In die saal van Wodin gloei dit,
Uit die goue bekers vloei dit,
En in vreugd en heildronk loei dit:
„Dondergod,
Ons sal lij en strij met Wodin,
Vir Valhalla en ons Godin,
Wee die Vredekoning, snood in
Sij gebod!
In die rook van slagting leef ons
Vir die eer van oorlog streef ons
En met jouw gedij of sneef ons,
Dondergod!”
EN ALLES WORD JOU TOEGEWORPE?
Op sij troon sit die simpele koning van Frankrijk en lag
Met wijdblouwe oë, so leeg soos die van ’n kind,
Toe hoor hij iets dreun soos die see; en met skrik kom sij wag
Vertel van ’n magtig gejubel, gedra op die wind:
„Hoër, hoër
Op jul skilde,
Hef Pepijn die Korte hoër,
Geef ’n held vir ons tot koning,
Die kan heers in fees of veld!
Luider, vrijer
Galm ons juigkreet,
Laat die heidenvorste sidder,
Nou het ons ’n held tot heerser:
Christus preek ons met geweld!”
Maar in sij paleis sit ’n simpele koning en glimlag
En sij oë was blouw en onskuldig, soos die van ’n kind;
Hij sit daar en droom van Madonnas, en wat of die wag
Kom vertel van ’n magtig gejubel gedra op die wind?
DIE LAATSTE TREKKER.
Wat baat dit dat ek thuis blij sit en tel
Hoe gouw die sonne weswaarts rol en sink,
En hoe mij kuddes meer word, wijl mij hand
Sij vasheid afleer en mij oog verdof?
Die sonne sink daar deur ’n purper poort,
Waaruit die onbekende lok: mij bloed
Bruis harder; want dis eeuw wat roep tot eeuw,
En vlaktes tot die spruit van trekker-vaders,
Wat oorkant daardie blouw groot-water eers
Die mag van Rome het geknak, hul naam
’n Bijwoord, waar die suider-moeders mee
Hul kroos in slaap gesus het. Weer daarna,
Toe daar die lug onrein word, alles mak,
Net dwinglandij en onreg woes floreer,
Toe het die vrijë borste met die swaals
Die wieke suidwaarts uitgeslaan, geswerf,
Geworstel deur die woesternij, gewin,
En hier die trekker ras weer oorgeplant.
Soos knapies eers die koring strooi, eers vrij
Die vogele des hemels voer, dan gras
Met voolint en met lijm bestrijk, en ruil
Die vrijheid vir hul gawe: ons ou land
Was rijk besaai met goud en eelgesteent.
Vervloek sij goud! Die skepper het die res
Van die metale blank en rein gemaak,
En Hel het toe die geelste Nijd gebaar.
Ek hoor die trekkerswelpe word nou mak,
En praat die taal van die veroweraar,
En groei in aansien en in rijkdom, eer;
Maar of die hok verguld is, of te nie,
En of die koring dik daarbinne lê,
Die lied ween smagtend vir die ope lug,
Waarin die bome wieg, die windjie ruis.
Span in, ons laat die purper poorte links:
Daar ruis die see, en woed, en skuim, en klink
In ewig ketting-klank van slawernij;
Laat staan die see, ons vloek. Ek hoor daar noord
Is uitgestrekte vlaktes onbewoon,
Waaroor die wind nog vrij waai, waar geen vlag,
In bloed gedoop, ons vrije lug besmet.
Daar brul die leeuw nog en die bulte beef,
Die wildsbok stamp nog wolke stof omhoog
En kwaggas hinnik week.
Die dood woed daar ook wel, dis waar, maar vrij,
En vat die slaap mij daar, slaap ek gerus,
Tevrede voort. Mog ek dan lê
Waar wije winde waai en vlaktes glooi,
Waar donder-echo’s oor die vlaktes sweep,
En eensaamheid mij laatste rus bewaak.
Dan sal ek droom en sal ek weet hoe stil
Die sonne sink daar deur die purper poort,
Waaruit die onbekende lok—span in!
Laat die geratel van ons busse weer
Mij siel verkwik, die breë skowwe nog
In slingerpas die vlaktes meet: ons trek
Reg noord, aan linkerhand die see, en regs,—
Maar voor die ope vlaktes onbeknel.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
UIT HEINE.
Wie vir die eerste keer verlief is,
Selfs sonder weermin, is ’n God,
Maar hij, die weer ten tweedemale
Onweerkerig min, is sot.
Ek is so ’n gekke, min
Weerom sonder guns te werwe;
Son en sterre en die maan lag
En ek glimlag mee—en sterwe.
ARKADIE.
Soek die fontein van jeug, wat ewig duur,
Nie oor die see, in lande onbesog,
Daar waar natuur in klank en kleure spog;
Selfs daar kom dood en storm en winde guur.
Gewelwe anders nooit dan reinste asuur
Oordek die ewig groen van Dramaland,
En altijd frisse feeë, hand aan hand,
Speel dartel rond—Dis kort van duur,
Maar wat daarvan? Geen seepbal, kleuromvouw,
Breek ligter dan die lewensideaal
Met diepverbete sugte opgebouw.
Soek hier waar liefde sonder nasmaak, vrij
Van franke wroeging en gelag betaal,
In lome prinse blaak wat kuddes wei.
DIE SKAT VAN PETROSSA.
(In 1837 is te Petrossa ’n skat ontdek, bestaande uit
gouë bekers, met edelgesteente beset. Die bekers moet uit
verskillende lande afkomstig wees, blijkens die opskrifte. Die
skat dateer uit die Europese volksverhuising, en bestaat uit
die roof van Europa, die tribuut, wat een van ons Germaanse
voorvadere die volkere afgedwing het.)
Daar lê die skatte nou, hoop op hoop,
Daarvoor, was lande in bloed gedoop,
Geroof van die Sklaaf en swart Ethioop,
Hier is dit alles vergaar.
Die kampvuur vlam op, glim oor vate van goud
En van silwer; karbonkels blits, ster aan ster,
En die vuurlig weerskijn in die agtergrond, ver,
Uit oë van gediertes wat staar uit die woud.
Maar ek huiwer nog meer van die kil, kouë vuur,
Wat die Griekse slavin deur haar kijkers laat gluur,
Als sij sien, sij die kind van Athenes kultuur
Op die blonde barbaar.
En sij sak in die dekens van purper en blouw,
Wat verward in die buit lê; die vuurlig bestraal
Arme wat blink soos ivoor; maar van staal
Is die oë, net so ferm, sonder vrees, sonder rouw.
Die blonde veroweraar smeek en hij vlei,
Ontmoet net oë wat soos ijsskerwe snij:
Of hij bid, of hij dreig, moet die neerlaag maar lij,
Gaat vertwijfeld van daar.
Die rooidag glim oor vate van goud
En silwer, karbonkels wat dof blink soos lood;
Op die purpere dekens, haalwit, net so koud,
Met haar dolk in haar hart lê die Griekse dood.
Dit is sover als die storie lei;
Dit heet daar’s ’n ou, ou skat ontdek
In Petrossa, dateer uit die voorste trek;
Wat volg weet ek nie, ek belij.
Tog ek sien vate, dekens van purper en blouw,
Wat verward in die buit lê, die vuurlig straal
Op arme wat skijn soos ivoor,—maar van staal
Is die oë, net so koud, sonder skrik, sonder rouw.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
DIE „SAUNTER”.
Vorentoe skoorvoetend, ritmiese wagte,
Wiegende tawwerts en enkels wat wenk,
Sijwaartse swenking en oë vol smagte
Wiege van heupe en armgelenk,
Vorentoe, agtertoe, koortsige swewe;
Skoentjies wat blits in hul hupplende tred,
Weef hier die draad in die gaas van ons lewe
Met ogies wat skitter en vonkel van pret.
BIEBLEBOM SE BERGE.
„In Bieblebom se berge.....”
Die trein ratel voort deur die nag.
Die kindjie kijk uit, wat die trein tog so fluit,
Sien die sterre so vriendelik lag
Aan die voet van die troon, waar Moeder nou woon.
Sal hij nou vir Vader ’ns terge?
Want die tijd val so lang; dan troos Vaders gesang:
„In Bieblebom se berge
Woon Bieblebom se mense.....”
„In Bieblebom se berge.....”
Die gesiggie druk plat teen die ruit:
Kijk hoe fraai die geflonker daar snij deur die donker
En ligstrepe volg die gefluit!
Hij kijk laggend omhoog, sien die traan in die oog
Van Vader, die dit wil verberge;
Val die tijd hom te lang, dan troos Vaders gesang:
„Wei Bieblebom se skape,
Woon Bieblebom se mense.....”
DIE POSSIE.
Als die donker ’n reisiger mog bespring
Daar waar die witpad mijl aan mijl,
Virbij die Possie, die ou bouwval,
Van die maan belig oor die vlakte peil;
Dan sien hij deur vensters, wat dof staan en staar,
Hoe die maanlig die balke laat rouwstrepe trek
Oor die vloer, waar net distels en klitse verjaar;
Net die uil word gehoor—so lang gerek.
Die reisiger haas hom dan, knoop toe sij jas,
Gee die perd fluks ’n raps, wip die driffie deur,
En adem verlig—want die boere beweer
Die Possie ’s nie pluis, en waens val vas
In die droogste tijd, en die perde snork
Als jij eensaam daar in die maanlig rij—
En saands sien jij hierlangs ’n stofstreep staan
Soos die bees- en die skaapwagters huistoe snij.
Die oumense fluister van eg sonder liefde,
(En knik naar die Possie), van min sonder trouw;
Van die tragiese „driehoek”—dis lankal gebeur,
Dis alles virbij, al die skrik, al die rouw.
Hoor, als die biesies so knikkend, knikkend fluister
En die vleiwind, bedwelm, van die aandblom swaar;
Hoor jij dan niks als jij stil gaat staan en luister,
Wat die lispel als beteken, al die vreemde gebaar?
„Dis lewes en lewes gelede
En jare van swerwe,
Toe word dit daarbinne gebede
Vir iemand wat sterwe.
—‚Vra om genade, mij broeder,
Die dood is nabij’—
Bij die grote Alheerser, Alhoeder
Gena nie vir mij!
Sij ’t gevlij: Ag spaar net mij lewe,
Ek sal weggaan van hier,
In mij arme gesidder en bewe
Daar bij die rivier.
Wat skijn daar so wit op die water
Daar onder die bome?
Ek wens dis al oor! Is daar later nog
Nog drome?”
En daarom so stil bij die wilkerboom,
Dit fluister so saggies, dit roer skaars die lug;
Die water is stil daar ’n oomblik, en vlug
Dan fluistrend en lispelend voort op die stroom.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
LACRIMAE RERUM.
Doop jij jouw pen net in westergloor,
Verag jij die grond so met trane deurtrap?
Jouw skrif sal vergaan soos die kleure daar smoor,
Soos ’n lae gepeupel die hande klap.
Doop jij jouw pen in ’n mensehart,
Skrijf jij jouw skrif met ’n siel wat wroeg?
Jouw woord sal bestaan wijl ’n menseoog
Bij ’n mensesmart ’n traan kan voeg.
WIE IN GLASHUISE WOON.
Bommelbij, bommelbij met jouw wit bandolier,
Met jouw vlerke wat blits in die sonlig en gons
En jouw swartpak, verguld met die blomme se dons,
Wat beteken jouw singe en wat maak jij hier?
Maar die bommelbij werk, of ek vra en of nie,
Natuurlik, ek weet hij hoor nie naar mij
En laat mij gevra en gepeuter opsij,
Maar dis mos wat deurgaan vir poësie.
Mij siel is so wijd als die oseaan,
En grootse gedagtes die woel daarin om,
Te groot vir woorde, mij Muse is stom,
Want waar haal sij sulke woorde vandaan?
Ja, modder kan jij met jouw vingers nie vat,
Diamante is klein en gereëld van bouw
Als jouw oë maar reg is—Ek vra vir jou,
Hoe moet ek die ruim van ’n siel dan skat?
Dis newels, net newels wat warrel en vlie,
En ek is misskien nog agter die vlug
Van ou Tijd, en ken die boom bij sij vrug—
Maar dis wat nou deurgaan vir poësie.
I.
MANIA BLASPHEMATORIA.
Daarbo sit die Gode en feesvier
Met nektar en ambrosijn,
En Zeus en Apol, met ’n hees lier,
Stoot aan met die ou Juppijn:
Verroes nou is Ceres haar sikkel
Minerva die mijmer en gaap,
In die arme van Venus gewikkel
Lê Allah en slaap.
Net Mars word vermis uit die howe,
Waar vreugd word ontvang en gegee:
Van die wereld stijg klanke naar bowe,
Die geween van ’n mensdom in wee.
Nou klink dit nog weeër, maar weker:
„Geef redding, geef uitkoms o Here!”
In antwoord klink beker aan beker:
„Musiek van die sfere!”
Soos ’n perkament rol skroei die hemel
En die son word gedoof, en die maan
Kijk siek op ’n magtig gewemel,
Waar dit volke aan volke staan;
Star en wijdogig van wonder
En stil staan dit, skare aan skaar,
En verbluf staan die Gode daaronder
Op hul regters te staar.
En nou word die boeke geopen,
Wat getuie, hoe eeuw na eeuw
Die aarde in bloed was gedoop en
Verniet naar die Gode geskreeuw:
Voorbestemming het almaal gebonde,
Door omgewing was ieder vervoer—
Dan verg dit nog lof uit die monde
Van Belg of van Boer.
Star, als wijdogig van wonder,
Staan die regters daar, rij aan rij,
En die heersers die sidder daaronder,
Kan die blik van triljoene nie lij,
Smeek beskerming van heuwels en storme,
Van ’n wereld, wat weier te dra,
En wroeg in die slijk soals worme
En vlei om gena.
II.
BERUSTING.
(Gods Orgel.)
Waar newelstelsels wereld word,
Waar keisers en kwepers rijp en val,
Waar die voorhoof van kranse bepereld word
Met valle en kleure, oweral,
Selfs waar Armageddon sij kake rek
En volkere weg uit die wereld spuw
Is wet, en van uit sij druipende muil
Klink ’n ijsere simfonie.
En dood en lewe—dis alles reg,
En liefde is wet: en ek voel tevree,
Want wie sal ons twis met God besleg?
En alles ruis in die ritme mee.
Dit donder langs die sterrebaan
En sonnestelsels antwoord weer,
Dit ruis in die seepad van die maan
En lispel oor die meer.
DIE AFGROND ROEP UIT TOT DIE AFGROND.
Die afgrond roep uit tot die afgrond,
Met geruis van Gods watergote;
Als dit donder, dan dawer die bulte
In hul beurtsang op reusenote;
Na die reenvlaag dan sing triomferend
Die moeras daaronder,
Haar slijkrig gepeupel weerkerend,
Bespottend die donder.
Na die val van ons vege aartsvader,
Hou ons, hoe aan weedom verknog,
Van die vuur van die Gode een vonkie
In ons are—die liefdestog.
Kijk, die bij is die band van gemeenskap
Tussen gaarde en gaarde:
Selfs die blits voel alleen in die wolke
En paar met die aarde.
Die afgrond roep uit tot die afgrond,
Met geruis van Gods watergote,
En die wilker wat sug voor die reenstorm
Sing saggies verlangende note:
Die hede roep uit tot die hede
In smagtende kore
Uit die echo’s rijs blijste gebede
Vir geslagte van more.
(Met vergunning van „_De Burger_”).
„’N SPEELTONEEL”.
Ag, moet hul nie stoor nie, laat jouw voetstap nie hoor nie,
Kom ons hulle oor die laning beloer.
Kan jij mooiers verlang dan die kindergesang
En die geestige, malle rumoer?
Met ’n blaar in sij hand staat die predikant,
Lees daaruit die formulier voor
Waarmee hij hul trouw, daar word huise gebouw,
Die gelag onder werke gesmoor.
Nou word daar gedoop, dan weer suiker verkoop
Vir blikkies en skerfies en blare,
’n Flouwe gelawe, ’n kuiken begrawe
Met luide en droewe gebare.
Kon ons maar soos hulle die wereld verag
En spot met sij wel of sij wee;
Of die wereld al frons—daar klink hul gelag
En die wereld lag hoofdskuddend mee!
DIE KUS.
Die lag het in haar oë nog gedans
En pêrelend geskemer oor haar mond,
Toe ek iets leuks vertel het; maar terstond
Verdwijn dit toe mij sinne, deur die glans
Verblind, verbijsterd uitroep: God, jij ’s skoon!
Sij staar mij ernstig sonder blose aan,
En weer nie, daar ek arme om haar slaan;
Maar wonder was die wee wat in haar oë woon:
En gloeiend was die lippe, wat ek dring
Aan lippe marmerkoud, so liefdeloos
Die lied sterf uit mij hart..... Die bosse sing,
Die awend ginds daar aan die kimme bloos,
Bied warme liefd’ vir sonnekoestering
En in heur hartstog juig sij wonderroos.
IN DIE HOVELD.
In die Hoveld, waar dit oop is en die hemel wijd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vrij kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staat mij huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En als ek in die gange van die mijn hier sit en droom
Van die winde op die Hoveld, ruim en vrij,
Dan hoor ek die geklinkel van mij spore saal en toom,
Sawends als ek bees of skaap toe rij.
Op die Hoveld, waar dit wijd is, waar jij baja ver kan sien,
(Die eilblouw bring ’n knop dan in jouw keel)
Staat mij huisie nog en wag vir mij, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die lei grafstene speel.
Maar als die tering kwaai word en ek hoor die laatste fluit,
Dan sweef ek naar die Hoveld op die wind
En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ’k kleiosse gemaak het als ’n kind.
IN DIE LIG VAN DIE MAAN.
Dis alles weelde: die wereld swijg
En baai in die aandlug en lig van die maan;
Net die water beweeg, als die windjie neig
En die skijn-sterre dans en lag mij aan
En verbreek op die water en vonkel en staan.
Dis pure weelde: die aandblom is swaar
Op die oë van die nag; die hemel is blouw
En die maan kus vonke van goud uit jouw haar,
Wat saggies bewegende skouers omvouw,
Terwijl ek betowerd, aanbiddend aanskouw.
DIE SLEUTEL.
Hoe het ek al die jare van mij lewe
So blindlings deur die wereld heengeloop!
Soos alles was, was dit, en hoop
Het nooit met vrees gemeng mij siel deurbewe.
Van liefde in mij troon is daar verhewe
’n Leiddraad, wat deur al mij lewe loop,
’n IJwer, wat mij siel in vlamme doop
En aan mij blootlê wette van bestaan en snewe.
Uit die natuur se bors, so diep daarbinne,
Die volgeheime voel ek nou, die spil
Waarom die heelal sig draai, verruk mij sinne.
Dit sweef deur die natuur, moet overwinne,
Verdring all’ boosheid naar die verste kil:
Want liefdes loon is net die vreug van minne.
AAN MIJ MOEDER.
Als ek die seeskulp vashou teen mij oor
Ver van die kus, hier op ons wijë land
Dan kan ek gruis en golwe op die sand
En al die onrus van die winde hoor.
Maar al die woeste onrus is gesmoor
En suisend tril dit ritmies oor die band
Wat kroos en moeder bind, net soos ’n hand,
Wat saggies langgeruste snare stoor:
So doem daar uit mij vage dromerijk
Die wese van mij moeder, reeds oorlee,
Voor dat haar beeltnis in mij hart kon prijk.
Al naar die oggenddroom mij siel ontwijk
Oorstelp mij gees ’n wrede, wilde see
Van ideale, dood, oordek met slijk.
DIE ONFINALIST.
Nou is dit ek wat haar aandag boei,
Haar gedagtes toets, haar denkbeelde snoei,
Dis ek, om wie sij haar nou bemoei;
Wat die toekoms bring, weet g’neen.
’n Ander, misskien, sal mij liefde deel,
Mij gedagtes neem, mij denkbeelde steel,
Met die denkbeeld, misskien, van mij liefde speel:
Nou is dit mij alles een.
In die hede leef en beweeg ek mij;
Laat die toekoms slegs wees waarin ek lij,
Als Jouw toekoms maar altijd toekomstig blij,
Hou die toekoms ook alle geween.
DIE VERHUISING VAN CUPIDO.
Cupido het eers vrij rondgedwaal
Met sij boog en sij skigtebos,
Behoudens ’n lintjie, wat krul, maar skraal
In ’n Adamspak gedos.
Maar die Cherubijne mis hom nou;
Ag, die sede vervel met die tijd!
In die kas lê sij vleugeltjies opgevouw,
En nijwer regeer nou en nijd.
Sij guitige streke het hij laat staan,
Laat met rus nou die pare in die park;
’n Hardedop kijl en manel het hij aan—
Hij ’t verhuis naar die aandeelmark!
AAN M—.
Hier in ’n wereld waar dit jaag en stoei
En waar dit strijd is vir ’n bloot bestaan,
Is dit net jij, van alle sorg ontdaan,
Wat kalm voortleef, soos ’n broeiplant groei.
Die trotse orchidie, één blommevonk
Straal louter lig en ken tog geen gebruik,
Net soos ’n pouw sij strome kleur ontpluik
En sidderend van weelde statig pronk.
Die aarde vate wat ons almaal weet
Het hul gebruik, maar nie die diamant
Wat doelloos, dartel skitter aan jouw hand
En net soos jij, wat droewig is vergeet.
AFRIKA.
Gevleugelde Telg van ou Tijd en jouw moeder, die mistiese ruimte,
Wijk uit mij verse, O spoed, en gun mij in rustige maat
Te sing van die lot van ons land, die wieg van die vroegste beskawing,
Vandaag nog die land van misterie en tog ook die land van die son;
Van die golwende vlakte, ons see, met sij deining en verblouw verskiet,
Met sij ewig diepsinnige lag soos die mond van ’n oosterse god.
Lang voor die geboorte van Mimer het Osiris, die Wijse, gelewe;
Toe Wodin, bekroon met orkane en bliksems, wat lik langs sij slape,
Eteries gedagtes bedenk, op die fluister van rawe gegrondves,
Het al die Songod sij pijle laat klink oor die snare van Memnon
En rustige wete geheers in die land van kolos en van sfinx.
Langs jouw kus het die skepe van Hiram geswalk, beskilder met oë,
Belaai met die skatte van Ofir, met wierook en elpebeen,
En houte, welriekend en keurig, geskenke vir Salomo’s Tempel,
Duisend-potig gevaartes met hulle rieme in ritmiese tred.
Soos die woedende golwe opbruis teen ’n rots dat dit beef in die diepte
En die sonlig ’n reenboog ontlok als dit skijn op die mistige skuim,
Net so het Barca, die trotse, verveel met haar skatte en vrede,
Soos ’n wolkbreuk Europa oorstelp en Rome geskud tot haar grond:
Die tijd het geknaag: Karthago en Rome is dinge van gister,
Maar die damp van die wrak en die botsing het luister versprei oor die
aarde.
Land van ewige weedom, Moeder van slawernij,
Wie sal beskrijf wat jij tors en die nood van jouw magtige bare!
Soos dit roer op die vlak van ’n vijwer dat golfies naar buite uitdije,
So het dit altijd beweeg in jouw donker, vernagte bestaan,
En volkere-golwe het een na die ander gedij en verpletter,
Daar blij van al die vergane beweging net bouwvalle oor
En die leeuwe vervul met geratel die saal van ’n naamlose god.
Maar wie kijk als die wolke-galleie gaan vaar oor die blouw van die
hemel,
Met haalwitte seile gebol, soos swane wat pronk in hul prag,
—Dan wei in velde van goud die Gode hul vee oor die vlaktes—
Voel hij dan nie hoe die Vrijheid gaat bruis in sij bloed, en sij senuws
Gaan tril, als hij denk met trots aan die wieg van die trekker-geslagte,
Waar die soekers naar ruimte die lug kon adem met tintlende bors?
Maar die droom is virbij en die hoop, O Afrika, moeder van smarte,
Wanneer is jouw beker geledig, of kom aan jouw weedom geen end?
Lij jij nog steeds aan die vloek wat Cham sij nakroos verwerf het,
Moet jij vir ewig die land van dienaars en houthakkers blij?
Gevleugelde telg van ou Tijd en jouw moeder, die mistiese ruimte,
Haas nog jouw vaart en verskeur die gordijn, wat die toekoms bewaar,
Verlaat die kaalhoofdige denkers, wat jouw afkoms bepeins en jouw
oorsprong,
Tot jij hul saam met die jare veeg in jouw vaderlik graf;
Toon ons die lig en die hoop met die rustige wete van more.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK GEDIGTE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Dingaansdag | Leipoldt, C. Louis (Christiaan Louis) | 1,880 | 1,947 | Leipoldt, C. Louis (Christiaan Louis) | https://en.wikipedia.org/wiki/C._Louis_Leipoldt | af | [
"LCSH=Afrikaans poetry",
"LCC=PT"
] | [
""
] | 2023-03-31 00:00:00 | 21 | The Project Gutenberg eBook of Dingaansdag
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Dingaansdag
Author: C. Louis Leipoldt
Release date: March 31, 2023 [eBook #70421]
Language: Afrikaans
Original publication: South Africa: J. L. van Schaik, 1925
Credits: Kobus Meyer, Emmanuel Ackerman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DINGAANSDAG ***
DINGAANSDAG
DINGAANSDAG
DEUR
C. LOUIS LEIPOLDT
TWEDE UITGAAF
[Illustration]
UITGEWERS: J. L. VAN SCHAIK, BEPK, PRETORIA
1925
AAN MY VRINDE JOHANNES J. SMITH en W. M. R. MALHERBE.
Neem wat ek hier bring, as ’n blyk
Van vrindskap aan; want ek erken
Met dankbaarheid dat wat ek wen
Uit vrindedaad, my siel verryk.
VOORWOORD.
_Die bundeltjie maak geen aanspraak op geskiedkundige juistheid nie, en
net so min op dramatiese samehang. Dit is ’n aaneenskakeling van los
gedagtes wat in die oorpeinsing van ons volkstoestande by my ontstaan
het, en as sodanig bied ek dit die leser aan._
_Ek is opregte dank verskuldig aan dr. Malherbe, die redakteur van „Die
Brandwag,” vir sy hulp en bystand in die voltooiing van die bundeltjie
vir die pers._
_C. L. L._
_Pretoria, Desember 1919._
BY DIE TWEDE DRUK.
_Die twede druk verskil aanmerklik van die eerste. Nie alleen is die
taal en spelling op ingrypende wyse hersien en in ooreenstemming met
die gebruik van vandag gebring nie, maar ook is daar op verskeie plekke
toevoeginge en verduidelikinge ingelas. Hier en daar het ek ook versreëls
en strofes wat my minder goed voorgekom het, weggelaat. My hartlike dank
aan my vrind professor J. J. Smith, wat my baie nuttige wenke gegee het,
en wat hom ook belas het met die nasien van die drukproewe._
_C. L. L._
_Pretoria, Julie 1925._
DIE AANROEPING.
O land, my Moederland, my Afrika,
Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem,
En met jou liefde en guns besiel my lied,
As ek die diepste diepte wens te peil!
Bevoorreg deur die feit ek is jou kind,
Vonk van jou vlam wat in jou vlam verskiet,
Stof van jou stof wat weer jou stof sal wees,
Leen my die mag om met gewyde hand
’n Bousteen by te sit by wat alreeds
Gestapel is vir onse volkspaleis.
Skenk my die sterkte wat uit liefde spruit—
Aan my wat in my siel diep vir jou voel—
Een van jou volk, verlore en alleen,
Wat in die wêreld waar hy omdool, weet
Hoe groot sy land, hoe klein sy kragte is.
O maak my magtig om die tranevloed
Deur snode onreg of versmoorde smart
En bitter jammerly gewek, te stil
Met taal wat aantoon waar die skuld betaal
In toekomsjare groter wins sal win.
Wys my die weg om tussen haat en nyd,
Dwarsoor my die pronk van patriotsgevoel,
Vooroordeel en onwaardig, onwaar spog,
En louter liefde vir my eie land,
Oorheen te stap en onverdwaal daardeur
Die hoë heiligdomme te bereik
Waar eie liefde tot in niks verkwyn.
Verlig my, Moeder, deur jou liefdeglans
Wat veld en bult en koppie en krans bestraal,
Wat geil die saad laat opskiet tot die groen
Wat in die eerste somer oor die land
’n Golwende see van teer smarag verwek,
Wat met rooi prag die kafferboom belaai,
En met ’n suiwer goud die aalwynblom.
Verstrek my moed om agtertoe te sien
En afgedane werk te vergelyk
Met wat nog wag vir hande as liefdewerk—
Die moed om sonder skroom en sonder skimp
Waar skuld was, skuld te vind; te eer wat eer,
Deur eerlik doen of late, waardig is—
Dat ek die treurgekied’nis wat ek sing,
Opreg, met al sy smart en al sy leed,
Met al sy wonderglans van wondermoed,
Uiteen kan sit. En laat jou liefde wek
Gevoel van vaste hoop en vurige trou,
Geloof in groeikrag wat die kiem besit
Nog sluim’rend in ons harte en ons volk,
En kennis van wat nog ontbreek om klaar
En vol-kompleet te maak die werk wat wag.
Gee bystand, Moeder, as die taak te hard
En te ondankbaar skyn, en met jou lig
Bestraal wat in my lied verligting eis.
Hy, digter, wat in duister vir sy volk
Besing ’t die helde-heer van Ilion,
Die toornende Achilles en die dood
Van Hektor, en die doolweg van Ulisses—
Hy het vertrou sy volk sal groter wins
Uit ongebore jare ryklik haal,
Om met vereende kragte voort te gaan
Op paaie deur die helde vroeër betree.
En ek, wat t’rugdink aan dié worsteltyd,
Gun, as ek dink, myself die hoop ons wen
Deur broederlik-vergaarde nasievlyt
Die reg om volk te wees, as volk te staan,
In dae wat nog verder voor ons lê.
Gedwarsboom deur die daagliks-drukkende las,
Wat moeg maak en wat afmat, kan dit wees
Dat verder peil vir ons onmoontlik is,
En laer lot as skamel deel genoeg?
So mag dit wees, miskien, dat Afrika,
Soos eenmaal ou Italië, slaaf moet staan—
’n Smartekroeg, ’n stuurmanlose skip,
Ontmeester van sy eie, ’n bordeel.
So mag dit wees as ons hiernamaals kom
Diep in die dodeland waar geeste woon
Wat eenmaal vleis en been op aarde was,
Dat één ons aantref—één wat bloed van ons
Op aarde was en vir sy lewensland
Nog liefde oorhou: „Wat gebeur daarbo?
Hoe staat dit met my land?” En ons moet sê:
„Só staat dit met ons land: Verdeel, verspil
Die kragte wat, verenig, seë bring;
Vermink die mannemoed, verbreek die mag
Wat eens die wilde woestheid kon bedwing.”
En hy wat hoor, sal, soos Sordello, roep:
„O wee my land, wat tot ’n slaaf versink!”
So mag dit wees as kind se kinders vra
Vertelsels uit die jare lank verby
En luisterend roep: „Hoekom het ons vandag
Nie wat ons vroeër had nie?”
Tyd vergeet
Nie en vergewe nie. Wat Nou vereis,
Moet Nou geskied; en wie op Later wag,
Wag op ’n skim wat skaduloos versmelt.
O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed,
En ryk beloon deur wat Natuur verspil,
Skenk elke seun vir wie jou weelde gee
Om rykelik die lewe te geniet,
Die krag om wat geniet word, te betaal
Met loon wat deur betaling liefde wek.
Skenk hom die krag wanneer verdeeldheid skei
Wat vroeër een was, om sy steun te gee
Om wat verdeel is, weer tot een te maak.
Tas met jou hand sy onsiende oë aan,
Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sien
Die doel wat dieper as die skynsel lê.
Jy, Moeder, jy besit die mag! Jy hou
Hier in jou skoot ’n weelde wat oortref
Die glorie eens aan Salomo se hof
Getoon aan verre Skeba se vorstin—
Wat groter is as al die skatte-prag
Weleer gehaal deur fabel-genius
Vanuit die diep smarag-gekleurde see
En voor die meester neergelê wat hy,
Gebonde deur sy eed, as slaaf moes dien.
Wie het die reg, as hier die lente leer
Hoe kort die winter-slaaptyd eintlik is—
Wie het die reg, as hier die daeraad breek
In pêrelgrys bevlek met rooi robyn,
Om t’rug te dink aan winter en aan nag,
Aan gisteraand se sterre en skemergroen?
O glorie-songloed, wat jou goud verspil
Die ooste oor, en van die bergrand maak
’n Kroon wat skitter met besielde prag,
Wie durf die donker aanroep en verbeel
Dat duister en dood oorwinning sal behaal?
Die dag breek aan. In doringbosstruik en riet,
En slanke wilger wat oor water treur,
Ontwaak die koor van vinke in môrevreug.
Die blom voel op die veld sy lewenssap
En werp sy geur uit om die dag te groet.
Hier is ’n tuin van weelde, wierook-vol—
Wilde skildpadbossies in bloei, en geel slangwortel.
En rooi rabas, en goudgeel stekeltee,
En rankende bitterappels in die sand,
En droedaskruid wat op die droogte teer,
Met sieketroos en wilde kamomille,
Graweelkruid, roosmaryn, en ramenas,
Bospeper, velskoenblaar, en in die vlei
Die maerman sonder blomme, en boesmangras.
Nou punt op punt en streek op streek verloor
Die veld sy grys; en waar die skadu was,
Daar skyn die son, en deur sy glans gelok
Kom koggelman en geitjie uit hul skeur
Om op die goud-bestraalde klip te speel;
En elke bos word lewendig met die lied
Van duisend sangertjies wat tjilp en fluit
’n Welkom vir die dag wat hier begin.
’n Somer-daeraad! Waar die berge skerp
Die lang gelykte van die ooste breek
Met bult en kop en wind-gekerfde tand,
Daar straal ’n gloed van grys en perlemoen,
Met hiasintpunte en vlekke van vermiljoen,
Wat lewe en bewe en skitter en skyn van kleur,
En breek tot laaiende vlamme van rooi goud,
Waarteen die donker purper van die rand
In somber glorie-prag as skadu staan.
En in die voorgrond, pêrelgrys en groen,
Lê leegte en laagland, dou-benat en dof,
Gesluier deur bewende môremis wat rys,
Uit slaap gewek en vogtige drome-rus,
Half sku die hemel in, om daar te kry
Hulp van die wolke wat die klowe dek,
En nuwe vog wat, vrugbaar vir die reën,
Die laagland en die leegte later voed
Met nuwe lewe vir ’n nuwe tyd.
O swanger grond en moeder-liewe turf,
Wat in jou skoot die tere kiem bewaar
Met warme liefde, tot die wonderwerk
Verrig is en die groen spriet son-toe worstel—
O Moeder, oud en wys deur wat die tyd
Vrygéwend gee in rykste owerskot
Deur ondervinding eeue deur geleer
En eeue deur herhaal, gee lig, en lag
’n Welkomsgroet wat hoop en sterkte bring,
En tot geduld en nuwe werkkrag spoor!
I.
Die môreson bestraal die plaas;
In goue glans lê veld en tuin;
Die leë kraaltjie op die kruin
Glim silwer in die môrewaas.
En op die stoep, en om die stoep,
Daar draai ’n mensehoop omheen;
En een staan op ’n stoel alleen,
En algar hoor hom as hy roep:
„Kom, kêrels, kom! ’n Kandelaar
Van eerste-klas ou silwerwerk—
’n Ouderwetse sieraad, sterk
En sierlik, van die beste waar!
Hoeveel nou vir die sieraad? Kom,
Gee my ’n bod! Die hoogste win.
Ag dalers? Man, jy dink te min:
Dis silwer dit—nie waboomgom!”
Met mooipraat en met skerts vergaan
Die treurig-lang vandiesiedag;
En eind’lik daal die skemernag,
En vredevol bestraal die maan
Die half verkoopte plaas en dal,
Die treurige uitverkoopte huis—
En deur die ope vensters druis
Die wind, wat sag oor alles val.
Die wa staan klaar-gepak, gelaai;
En twee span osse wag hul taak—
En in die leë kamers waak
’n Huisgesin tot hanekraai,
Om met die eerste môregrou
Die vaderplaas vaarwel te wens,
En voort te struikel oor die grens
Tot waar die verte vryheid hou.
II.
Ons vra geen klaaglied,
Geen roubetoon nie;
Geen meely-woord van afskeid gee vir ons
Om ons te hoon nie!
Ons het ons lot met albei hande beet,
En gaan die wêreld in.
Ondank en onreg—laat ons dit vergeet:
Ons gaan ’n nuwe land win—
Nie deur onreg nie, nie deur geweld—
’n Nuwe land, waar ons die son kan vat
As in die vroeë môre op die veld
Sy lig in spranke spat.
„Goeiendag, en God sy met jou!” Dit is al
Wat ons verwag.
So gaan ons rustig in die donker dal,
Tot in die nag—
’n Nag waarin gesternte helder fonkel,
Elkeen omraam met fynste groen ferweel;
Waarin die melkstraat kronkel
En met planete speel;
’n Nag wat lei tot vlammende daeraad
Om ons steeds voor te lig.
Kom, vrind’lik handgegee—die laaste daad!
En noord-toe ons gesig!
III.
Die swart pondokke staan in kring;
En om die vuur sit man en vrou
Om ernstig same raad te hou
Oor watter lot die môre bring.
Weemoedig praat daar een en knik,
En gee sy stem vir gaan of bly;
Wat eenmaal slaaf was, is nou vry
En kan na wens sy wandel skik.
„Die Oubaas trek oormôre voort—
Die hele huis met Oubaas mee—
Die hele huis en al die vee,
En alles wat aan Oubaas hoort.
En ek wat slaaf van jongs-af was,
Onthou oorlede Oubaas sê—
Oorlede Oubaas, wat dáár lê,
Dáár onder die begrafnis-gras:
‚Pas goed op kleinbaas Jan, en hou
Jou eerlik, Malie, as jy kan;
Jou tate was ’n goeie man:
Hy was vir my en myne trou’.
En ekke hier, wat kleinbaas Jan
Geabba het en perdgery—
Sal ek as vuilgoed agterbly,
Om hier te lewe soos ek kan?
Oorlede Oubaas het gegee
Sy woord aan hier ou Malie: ‚Hou
Jou soos jou pa-goed, eerlik, trou,
En pas op kleinbaas.’—Ek trek mee!
En hier’s Regina, wat kan staan
Getuie van die waarheid! Sê
Vir ons wat wil die Oubaas hê:
Ons swartgoed—moet ons bly of gaan?”
En ou Regina antwoord: „Nee,
Wat Malie sê, is eerlik waar.
Ek werk vir Ounooi twintig jaar—
Ek bly nie agter: ek trek mee.”
. . . . . . . . . . .
Die pòndok-vuur is uitgebrand;
En oud en jong lê vas aan slaap
As teen die maan die honde gaap
En duisendpote roer die sand.
O Liefdetrou, wat stand nòg kleur
Tot enge kleinheid wil beperk,
Maar wat, deur weldaadsmag gesterk,
In offerande plig bespeur,
Nie minste teken van jou mag
Is hierdie swartvolk wat jou eer,
En, slawe vroeër, nou vry, begeer
’n Deel van wat die Trekkers wag.
IV.
Die donker in!
O het jy vrees om in die bange nag
Die toekoms tegemoet te gaan? te wag
Die lang smartvolle ure deur, tot lig,
Die môreskyn, sy troos op jou gesig
Laat val, Voortrekker? Sê my, is jy bang
Om in die donker in te gaan? Verlang
Jy om die lig wat sloer, terug te win?
Die donker in!
Die donker in!
En vorentoe, wat lê daar? Smart en sorg,
En kil berou en kommer! Wie’s jou borg
Dat uit die blinde worstelstryd sal skiet
Iets werd die helfte van verspilde verdriet,
Van trane, sugte, weemoed, hoop’loosheid,
Verpand vir niks in al die sware stryd
En met die laaste oorwinning nog te win?
Die donker in!
Die donker in!
Die langste nag moet eind’lik daeraad gee;
Die swaarste onweer eind’lik rus en vree.
Wie aanhou vol vertroue, hy moet win,
Al gaan hy ook die diepste donker in.
Die sterre lewe nog; die son sal skyn;
Die maan se glans is nog nie dood verkwyn.
Die lendene omgord, wie moed bemin!
Die donker in!
V.
O vaderland, verlate vaderland!
O akkerboom en ranke wit pop’lier
Wat my ou plaas versier,
Daar deur die voorgeslag geplant,
Nou lommerryk oor my vaderhuis—
Koel skadu-takke oor die sluis,
Waar ná die oes die meulstroom bruis—
Vaarwel o akkerboom en wit pop’lier!
Vaarwel, verlate vaderland!
O blomtuin vol met tiemie en blou violet!
O vrugboom-oord en stinkhoutpaal-priëel,
Waarom die bye speel
En heuning haal en brom uit blote pret,
Waar druiwerank geklouter pryk,
En boontoe teen die gewel reik,
En tussen klimop-rose kyk—
Vaarwel, o vrugboom-oord en ou priëel!
Vaarwel, o tiemie en blou violet!
O ouershuis met kafhok en met kraal!
O platklip-stoep en gras-begroeide brug,
Waar saans die paddas sug
As in die skemerlig vuurvliegies dwaal,
En die aandblomme oopgaan, en die nag
Sy sluier werp oor hierdie plaas se prag,
En oor die wêreld bo die sterre wag—
Vaarwel, o platklip-stoep en biesiebrug!
Vaarwel, o huis en kraal!
Ons gaan die wêreld in
Om ’n nuwe oord te win—
Om ’n nuwe land te kry,
Waar ons kan lewe vry.
Vaarwel, vaarwel, al is geen weersien meer!
Vaarwel, en nog ’n keer,
Vaarwel!
VI.
Die blou rook borrel uit die pyp,
Die kostelike Kango smelt—
Rookofferande vir die veld
Wat wit lê onder môreryp.
En oom en neef drink om die vuur
Die môre-kommetjie koffie uit.
Vóór nog die eerste bergswaal fluit,
En vóór die son sy strale stuur.
Die vierde skof lê agter ver—
Ver agter lê die ouersplaas
Versluier in ’n newelwaas
En van die vryheid afgesper.
Gedagte brug die ruimte oor
En kruip eergister-toe terug,
Toe in die môreskemer-lug
Die daggroet van die vinkekoor
Nog borrelend verkondig het
Dat daar ’n huisplek was en plaas
Nog half gehul in newelwaas
En nog nie van sy troon ontset.
Die ou, ou woonplaas met sy skuur,
In huislike eenvoud, sedig, stil,
Waaroor die leweriksdeuntjie tril,
Waarop die glorie-veldson gluur;
Met hier en daar ’n os wat wei,
’n Perd wat in die rondte kyk,
Met weilandveld in weelde ryk,
En klompies skape in die vlei.
En stil, bedaard was alles daar;
En rustig, vreedsaam elke nag,
En sonder voorval was die dag,
Om al die vrede op te spaar.
En hier, wat bied die toekoms aan?
Wat môre of oormôre? wat
Die dag daarna? die dae sat
Van droefnis tot die tyd vergaan?
Wat lê daar vóór, waar teen die blou
Die bulte hulle eind’loos strek?
Wat verder as die laerplek
Waar oom en neef vergadering hou?
Wie kan dit sê? Wie weet hoe wyd
Die Noodlot met sy vlerke klap,
As teken van sy koningskap,
Vir elke ding en daad bereid?
VII.
Van die lotosland waar die lelies groei
En die koningsblom op die boomstam bloei;
Waar jare deur die somer woon
En elke dag met glorie kroon;
Waar sag die koel suidoostewind
Die geil-groen veld begroet as vrind;
En sagter teen die wit strand slaan
Die branders van die oseaan—
Daarvandaan, daarvandaan
Kom ek wat Malie heet!
Vry was ek waar die lotos groei—
Vry waar die koningsblomme bloei;
Waar elke middag sag die reën
Sy gloed ontel’bre trane ween
Oor atap-hut en silwerstrand,
Oor fyn-bewerkte sawaland;
Waar oor die statige vulkaan
Die rookwolk in die môre staan—
Daarvandaan, daarvandaan
Kom ek wat Malie heet!
VIII.
Dit is begin Septembermaand.
Nog oor die bulte ruis die wind
Wat met sy stof die land verblind
Tot in die sagte skemeraand.
En lang-gestrek lê kaal en hard
Die afgebrande veld, soos lyk
Waardeur die nuwe grassies pryk
In geil-groen glorie teen die swart.
En rondom word die voorjaar wees
As winterse geroggel dreun;
Die laaste windbui slaak sy kreun
En gee in woede dan die gees.
En warm en weeld’rig wek die son,
Wat teen die veld sy kleure sprei,
Weer lewe uit die dorre klei,
Met bo ’n suiwer blou blafon.
Die gompou stap in sedigheid,
Die flap trek aan sy somerdrag
En fladder rond in fiere prag,
Vir wat die somer bring bereid.
IX.
Die Toekoms werp sy skadu op die Hede
Soos wolke van die hemel op die grond;
Die vooruit-skitter van die skemer-vrede
Maak sag die awendstond.
Kan ons dit sien—die son wat diep hieronder
Die anderkant verlig?
Hierna sal ons sy heerlikheid bewonder
Vol in ons aangesig.
Profeet, wat fier die toekoms wil spioen
En wil voorspel wat kan of sal gebeur,
Tuur in die duister van die skemergroen,
Die nag so bont-gekleur:
Sê wat sal worde in die ver woestyn,
Waar kommer lê, en sorg, en louter smart!
Voorspel!—Soos wind-speel in die lug verdwyn
Die vrede uit ons hart.
Dood en berou en smarte lê hier voor,
En magtelose moed wat net kan ly
Om mart’laarskroon te kry.
Bloed op die pad, en bloed-bevlek die spoor
Wat lê die vlakte oor,
Die bosse en die berge op, en deur
Die onbewoonde, woeste, nuwe land,
Waar nog geen mensehand
Vir huis of herberg, klip op klipsteen bou;
Waar net die gousblom-geur
Jaar uit, jaar in, sy eerste rang behou.
Maak dit ons bang, voorspelde rou en bloed
En worst’ling wat die wins hierna vergoed?
Ons wag die dood. Nou ja, ons wag hom lang.
Verwelkom hom met vreugde en gesang!
X.
Ek wag hom in my kamer waar ek woon
Met smart, wat siekte seerder maak, as maat;
Ek wag hom sonder haat,
En sonder afguns, want ek weet my loon
Sal hy betaal tot op die laaste toe;
En hoe
Sal loon my toekom—doodsloon wat ek win
Deur harde lewenswerk, dag uit, dag in,
En deur die bange nagte—as ek nie
Vooruit akkoord gemaak het met sy mag
Vir dit of dat?
Is gans my siel van lig en lewe sat
En smagtend na sy rus,
Wat droomloos, ongestoor, my siel sal kus—
Soos ’n groot, stil, swart seekoegat wat sag
Die droë, dooie blare van die boom
Wat oor die water droom,
Op sy deur-wind-gerimpelde vlakte sus,
Oneindig op en neer,
Oneindig heen en weer,
Totdat die droë, dooie blare sink,
Verrot, vergaan, vermink,
Weg in die water, wat hul krag sal los
Om krag opnuut te skenk aan struik en bos
Wat deur die water nuwe lewe kry?
Ook so met my.
Die dood sal my beloning gun. Sy krag
Sal myne insluk om daarvan te gee
Hernude krag en onbereikb’re vree,
Waarteen die donker van die swartste nag,
Die sterkste vyand, en die stoutste vrees,
Nie meer kan seëvier nie; en my gees
Sal amen sê as eind’lik ek moet hoor
Die oproep: „Dit is tyd! Kom, eer jou siel versmoor!”
Ek wag hom op die veld waar lente pryk
In volle rykdom van verdubbelde groen;
Waar koel die môre-wind die vlaktes soen,
Voordat die blou bereik
Sy dagtriomf van teerste malagiet,
Waardeur die strale skiet
Tot op die suiwer prag van blomme en gras.
Dit was vir my—dit was
’n Koningsland belaai met koningsprag.
Die blye sonskyn en die louter lig
Wat vlam op my gesig;
Die liewe, wilde, opgesnuifde krag
Van geure-wierook oor die hele vlei;
Die ruik van heuning orals uitgesprei;
Die argloos-weeld’rig lewe-worst’ling hier
Waar alles hoogty vier;
Die bor’lend-propvol kleurgevlekte glans
Teen elke bult en krans,
Was myne, myne! Wat my siel kon hou,
Was vir my! En ek wou
Dit alles herberg gee hier in my hart,
In kamers toe nog net bewoon deur smart.
Ek wou dit burgerreg verleen—
Òf alles òf maar een
Daarvan, sover ek kon; en dan tevrede
Was ek met gister en met hede—
Tevrede om te wag totdat hy sê:
„Jy het genoeg geniet. Wat hierso lê,
Is maar die skadu van wat ginds verrys.
Ek sal jou wondere wys
Waarby jou hede niks is. Kom met my
En proe die rykdom wat jou siel hiernamaals kry.”
Ek wag hom waar nòg vrind nòg vyand vra
My siel om liefde of liefdelose haat;
Waar, wat ek ook moet dra—
Òf haat òf liefde—, net maar woorde is
Waarmee my hart nie twis
Of oorlog maak nie, as van goed en kwaad
Ek onbewus en onverskillig neem
Wat ek as mens geregtig is te erf
Van lewenslus voordat my siel versterf—
Voordat, van vreug vervreem,
Wat siel is in my sugtend, eensaam staan,
En huiwerig vir ’n onheil onbekend
Ver in ’n sterlose, onbegrensde nag,
Waar kille koue slaan
Teen my van elke kant waar ek my wend
Om steun te vinde vir verstikte krag.
Groet God, en gee die lewe wat verleng
Word tot daar nie meer lewe is nie, prys
Vir iets wat groter skyn—die gees wat meng
Met elke gees, onskuldig, of bedek
Met vuilnis wat die fierste roem bevlek,
Tot liefde volle vergifnis eis.
So wag ek hom totdat hy eenmaal wink
En vrindelik, of met vyandskap, my hand
In syne gryp, en, as my son versink,
My wegruk na die veraf dodeland,
En langs die pad my aflei waar voorheen
Kind, koningskind, en koning, op sy tyd
Gewandel het, en leen
My sterkte as ek stap; en ek, gewy
Aan hom, sal seën vinde as ek staan
Omring deur algar wat voorheen gegaan,
Voorheen geworstel het, en aan hom gee
Alles wat hier op aard my siel ontroof van vree.
Ek wag hom waar die vreedsame gesin
Sy dagelikse gang geduldig gaan;
Waar huiselike vlyt en deugde win
’n Vrede ruim genoeg vir een
Wat wyer roem versmaad
En bo oorwinning kies ’n vredeseën.
En waar die liefde wat nòg woord nòg daad
Verag om louter liefde te betoon
Aan wat hy liefhet, woon.
Hier voor die ope huisdeur, waar die wind
Die vrolike weergalm bring
Van veraf veldkanaries, bly-gesind,
Wat met die klaaglied van die kwê-voël ming
En met die dowwe gons wat brombye maak,
Hier besig met hul taak
Van blom tot blom, waar die seringboom strooi
’n Bont tapyt die grond oor, en die hooi
Sy heuninggeur die wêreld vrylik skink—
Hier waar die sonskyn blink
Op wasige druiwe wat die ou priëel
Se rankende wynstokstamme jaarliks teel—
Hier wag ek hom, vergrys, miskien, en lam,
My lewensvonk verdoof, om nooit tot vlam
Weer op te vlieg nie; of nog sterk en fris,
Met liggaam en gees wat niks nie mis,
Met planne vir die toekoms, fondamente
Waarop paleise nog gebou moet word,
Met liefde en genot nog uit op rente,
En meer daarby, ryk as ’n man kan wees,
Strydlustig, met die lendene omgord.
Weet ek hy kom, of weet ek nie—dis een.
Vir kennis of geen kennis, sal ek vrees?
Vir iets wat welkom is, en wat as seën
My voorkop kus as in die skemerlig
Die Dood my eind’lik groet, gesig teen my gesig?
XI.
En sawends om die uitspan-vuur
Ná al die dagwerk afgedaan
En die seiltente opgeslaan,
Sit oom en neef in babbeluur.
Bo skyn die blink suidsterreskaar;
En rondomheen is swart en sag
Ons liewe Afrikanernag,
Wat met die dag in pronk kan paar.
Die vuurtjies flikker rook-bekroon,
En vonkies fladder oor die rook;
En in die lewende skadu’s spook
Die honde wat die naglug hoon.
En eensaam in sy wa apart
Daar sit ’n man en droom en dink,
Totdat gedagte in droom versink,
En tot in pure vreugde-smart.
Want in die flikker van die vuur
Bespeur hy prentjies wat hom steun—
Pilare waar hy teen kan leun—,
Al dreig die Noodlot nog so suur.
Profete-hande in sy droom
Wys waar die toekoms weemoed paar
Aan groot genot onrekenbaar,
Wat Tyd, nog Tyd se terge, toom.
Gun, droewige Snyers van die Draad
Wat stel die voorgeskrewe uur—
Gun hom sy drome by die vuur
Waar ander droom en dink versmaad!
XII.
Hy wat alléén ’n deurtog soek
Waar nog geen mens se voetstap was,
Voortsukkelend met sy eie las,
Beroof van hulp, deur hoop gevloek;
Wat skimp nòg swaar verdrukking my
En werk nòg harte-smarte spaar
Om in sy skure jaar ná jaar
Die stadig-rypende oes te kry;
Wat, waar die sterre oor hom skyn
Snags in die stille duister-groen,
Volhardingsvol sy arbeid doen
As hoop op seë kleiner kwyn,
En, met die sterre van die nag
Getuie van sy lydenswee,
Sy siel en wat hy liefhet, gee
Vir alles wat hy heilig ag—
Net soos in middeleeuse tyd
Die kloostermonnik wank’lend staan,
Nog onbeslis om voort te gaan
Met smartvol, angstige sielestryd:
Daar lok die wêreld met sy prag
Wat hom wat seëvier, bekrans
Met roem, met rykdom, en met glans
En op die kloeke vegter wag,
En daar hang Hy wat boontoe wys
En bowe aardse rykdom troon,
Die Heiland met die doringkroon,
Wat driemaal heilig eerbied eis—
Hy sal vergelding ryklik smaak
In ruime mate in sy hart,
Want lang-verduurde sielesmart
Is wat die sielskrag sterker maak.
XIII.
Worstel en wen as jy kan;
Of stoei en verloor, as jy moet, soos ’n man—
Soos ’n mens wat kan ly en verdra
As met eeue-ou terge die droefnis pla—
Soos ’n mens wat kan wen en geniet
Wat die guns van die Lot in genade bied,
Oorvloeiend vandag, in brokkies oormôre,
Te min vir jaloersheid, te veel vir sôre.
Worstel en wen as jy kan,
Of stoei en verloor soos ’n man!
Al trek oor die blou lug tesaam
Wolke wat sterlig en sonlig beskaam—
Skadu’s wat skadu’s baar,
Donker, bedwelmend, swaar—
Skadu’s wat statig kwyn
En voor sterre en sonlig verdwyn—
Skadu’s wat kom en gaan,
Soos maand ná maand die maan—
Al trek oor die blou lug tesaam
Wolke wat lig beskaam,
Weet as die skadu’s kom
En die ligvolle wêreld lyk skeef en krom—
Weet dat die skadu’s vergaan,
Soos maand ná maand die maan;
En niks bly oor vir ’n man
As te dra en geniet wat hy kan—
En die nag is swart ferweel,
En die sterre soos goud so geel.
XIV.
Nie vir die loon wat mense ag,
En wat die veld en berg versmaad,
Tevrede met hul groen gewaad,
Wat loon genoeg is vir die dag;
Nie vir die woord wat sê: „Dis reg
Wat jy gedoen het in jou krag”,
Maar, soos die wilde blomme, wag
Sonder besef van goed of sleg;
Nie vir toejuiging wat bely
Die waarheid van wat ewig waar
Sal wees, tot eens die laaste snaar
Breek voor die lied sy einde kry:
Net vir die lus en die genot
Deur krag gegee om krag te win,
Om van die stof wat is, te spin
’n Sieraad vir jouself en God.
Vir Hom hierna om, as Hy wil,
Te prys of laak: net doen vir jou,
En dan die hande saamgevou,
Ootmoedig as ’n kind en stil.
Neem wat die lewe vir jou gee
En vra nie wat hiernamaals kom;
Wat Hy beskik, laat dit aan Hom;
En vou jou hande saam in vree.
Gedenk die dae van genot
Van kindsgebeente af verloop;
En kom daar donker tye, hoop
Jy heers uiteind’lik oor jou lot.
Sag bewe oor die bos die wind,
En sagter roer die wilgerblaar
Wat deur die lente word gespaar,
En dan sy sagte einde vind.
XV.
Teen die blou van die jakarandas is die blou van die lug maar bleek;
Teen die rooi van kafferboom-blomme is bloed maar skyn van kleur;
En die pyn van na-herinnering in ’n hart wat kraaken breek,
Is seerder, harder, skerper as die smart wat senu’sskeur.
XVI.
Die druppel reën wat neerval, versmelt in droogte weg;
Die traan wat droefnis van ons eis, verwasem in die lug;
Maar somerreën en droefnis-traan kry op hùl tyd hul reg,
En uitgestorte seën en smart keer tot sy gewer t’rug.
XVII.
Dis winter, en die boom verblaar;
In bruin hou al die bulte rou;
Die môremis lê vou op vou
Oor pan en plat land opgegaar;
En rustig waai die môrewind,
Wat skaars die ruigte-halme roer
En oor die kaal veldwêreld voer
Sy groetnis aan sy berge-vrind.
Die lewe wat die lente kroon,
Lê slaperig in sy rougewaad,
En in die harde sooi die saad
Wat later hoog in groen sal troon;
En wat nog, ná die stryd verduur,
Ná smart-geworstel, roggelkreun,
As pragpilaar die bou sal steun—
Dit sluimer nog en wag sy uur.
Gun ook ’n volk sy wintertyd
Om rus te neem en krag te win,
Voordat die somerson begin,
Met groen en sap, sy somertyd.
XVIII.
Ek stem nie saam met hom wat sê
Op klaerige, half weemoedige toon,
As wil hy wat hy sê, verskoon:
„Ons volk mis wat ons volk moet hê;
„Ons het te min; ons hou te min.
Om reg te vorder wettige eis,
Wie is daar wat die weg kan wys
Waar ons kan haal wat ons moet win?
„Ons het geen reg op selfbestaan
Waar volle vryheid nog ontbreek,
Waar nòg talent nòg ywer steek
In burgers wat al slent’rend gaan.
„Wys my, waar vryheid pronk met vlyt,
Waar vlyt vanself sy wins behaal!
Ons oes—as oes daar is—is skraal;
En hy wat mors, is kragte kwyt.”
Ek stem nie saam—want ek besef
Die land gesaai is weelde-grond,
Wat ná die koue oggendstond
Verryk word as die son hom tref.
En ek weet ook benutte krag
Word nêrens vrugteloos verspil:
Nòg Toeval toor ons lot, nòg gril
Van Iets wat in die duister lag.
Wat om my omgaan, sê vir my
Dat Wet ons groot heelal bestier,
Meedoënloos vir mens en dier,
Wat op sy tyd vergelding kry.
XIX.
Wat vra ons vir ons kinders en onsselwe?
Wat eis ons in die toekoms vir ons land?
’n Ongestoorde lewe, stil en rustig,
In vrede, môre en aand, die jare deur;
Om stil wat ons gegee word, aan te neem,
En stil wat ons geweier word, te laat staan;
Met innerlike ingebore vryheid
Die wêreld rondom as ons vrind te hou;
Nie vyand van ons buurman ooit te wees nie,
Maar vrind sover ons moontlik vrind kan wees.
Dìt is ons eis!—nie meer en ook nie minder—
En hoog gegryp!—want hy wat hoog wil reik,
Kan laer iets met albei hande vat.
XX.
Elke nasie het sy martelare,
Elke trots ’n traan.
Voor jy goud kan kry uit klipsteen-are,
Moet jy eers die steen tot gruis verslaan,
Bange worst’ling in die droewe nagte
Baar die sterkste krag,
Wat kan stryd voer teen die wildste magte
Misgebore uit die middernag.
Gun die lang-verduurde skimp en skande,
Gun die smart en wee:
Land en volk neem aan die offerande,
En die Toekoms bring waardering mee.
XXI.
Agteros, beur teen die bulte op,
Die droë sand deur en die holtes af!
Draf oor die krom klein paadjies, draf,
Vlaktes oor in jou gou galop!
Agteros, beur dat die trektou kraak,
Dat buikplank kreun en wa-rem sing,
En elke boutjie en skroefie bring
’n Deel aan die koorgesang as taak—
Drifte deur en vlaktes oor,
Berge, bulte op en af,
Waar die lang tamboekiegras versmoor
Hoë land, lae land—agteros, draf!
Voort op jou reis na die noorde—voort
Na ’n betere tuiste, ’n mooiere oord!
Draf deur die mollige, sagte sand,
Die stowwerige dons van ’n nuwe land!
Agteros, beur as die wiele raak
Vas in die modder—’n martelwerk!
Beur en trek dat die rieme kraak—
Rieme en wiele is baie sterk;
Vas en stewig en goed beproef
Spyker en bout en gedraaide skroef;
Beste hart van die beste hout,
Sonder kraak en sonder fout,
Sterk genoeg om deur te staan
Knikspoor-skok en bulte-stamp,
Somerbars en winterkramp,
Wind se terge, hael se slaan—
Beur maar, agteros, beur maar op,
Die opdraand boontoe, die afdraand af!
Draf waar daar glad nie ’n pad is nie, draf
Die wêreld oor in jou gou galop,
Noord-toe, oos-toe, na die blou
Wat skitter en skyn nog myle ver,
Waar wilde bosse die weg versper,
En wilde gedierte die poorte hou!
Draf deur die stowwerige, sagte sand
Na ’n nuwe land, ’n vrye land!
XXII.
Dis gevoed deur ’n gloed van sonneskyn,
En verwarm deur die strale van goud;
Dit was nimmer jonk, maar al oud en oud
In sy dag van geboortepyn.
Dit was sterk vir die werk, was daar werk voor die hand;
Dit was stadig, bestendig en vas;
Dit was dapper genoeg om die swaarste las
Te dra met geduld en verstand.
As die droefnis te straf was, die donker te swart,
Was dit hoopvol, vertrouend en taai.
Met die os ingespan en die voorkis gelaai,
Was daar moed in die Voortrekker-hart.
Die veld is oneindig, die vlakte só wyd,
En die Toekoms lê duister daarvoor;
Op die veld en die vlakte, daar gaan sy spoor
Getrap in die dae van stryd.
En die worstel en woel het hom taaier gemaak,
Om te ly, om te beur en te dra,
Om nimmer te huil nie, om nimmer te kla,
Om hoopvol te werk en te waak.
Maar die yster het diep in die hart ingeslaan
En sy merke daar agtergelaat—
En die diepste merk is ’n merk van haat
Wat die Liefde alleen verstaan.
XXIII.
In kring staan al die waens gelaer—
’n Kraalmuur teen die vuur se lig,
Met elke tussen-opening dig
Met doringboomtakke aan mekaar.
En Ouma, wit gerimpel, gee
’n Knikkie teen die duister: „Kyk,
Die maanlig op die wolke lyk
Amper soos maanlig op die see.”
Die kleinspan het vir Oupa beet
En soebat: „Oupa, toe, vertel!”
Maar Ouma: „Kinders, moet nie kwel
Vir Oupa, want hy wil vergeet.”
En hy, die langbaard halfpad wit,
Sê: „Nee, vrou, ek sal nooit vergeet!
Kom, kinders, julle wat wil weet
Iets van die see, hier om my sit.”
En klein en groot skuif nader voor
Te luister na wat Oupa sê;
En soos die osse en veetjies lê,
Lê half die laer om aan te hoor,
As af en toe die rooibos-hout
Vooruitgestoot word dieper in,
Om groter vuur en vlam te win,
En boontoe skiet sy vonke goud.
XXIV.
In die outyd vertel hul ’n storie
Van Glaukus, die visserman,
Wat eenmaal ’n vis gevang het
In sy net tussen kurke gespan.
Die vis was so groot soos ’n walvis,
En die net het geskeur met die vang;
Maar Glaukus het dapper geworstel
Vir ure en ure lang
En eind’lik die vis op die wit strand
Gebring waar die bossies staan,
Waar die glans van die skemer-sterre
Meng met die skyn van die maan.
En die vis, wat half dood en half flou was,
Het vinnig ’n bossie gekou;
En die bossie se krag het hom só versterk
Dat niemand hom meer kon hou.
’n Klap met sy stert en ’n sy-spring,
En weg was die vis in die see,
En Glaukus staan vrywe sy oë,
Jammerlik ontevree!
Hy dink by homselwe: „Die bossie
Moet wrintig die sterkste wees,
Om somar ’n halfdooie haaivis
Van bloedverlies te genees.
Wat goed is vir visse, kan mense
Miskien ook wel deeglik baat;
Probeer maar ’n blaar van die bossie,
En kyk hoe dit daarmee gaat.”
Hy vat van die bossie se blare,
En kou dit langsaam fyn;
En toe hy dit kou, toe voel hy
Sy moegheid en matheid verdwyn.
Hy voel die trek van die branders,
Die vleiende streel van die see;
En die blou-swart water lok hom,
En die visse roep: „Kom mee!
Kom saam in die waterwêreld,
Waar kraalgeraamtes staan,
Verlig deur die glans van die ondergloed
En die dowwe skyn van die maan,
Waar die wrakke van ou skepe lê
Met pêrelskulpe oorgroei,
En die slingerende seegras bande maak
Wat die dooie vissers boei,
Waar die seevrou waak in groen gewaad,
En die seeperd galoppeer,
Waar die krap en kabeljou vergaar
Om op ’n lyk te teer.
Kom ondertoe! Kom ondertoe,
Waar alles jou welkom heet,
Jy wat vanaand van die wonderbos
Jou eerste blaartjie eet.”
En Glaukus voel sy lede word
Gerek tot vinne, en voel
Sy vel word skobberig as dié van ’n vis;
En sy bloed word naar en koel.
En hy spring met ’n wilde haaivis-spring
Diep, onder die branders in,
En swem na die silwer-ondergloed
Om die visseryk te win.
XXV.
’n ander oom sê plegtig: „Nee!”
En klop sy pyp uit teen die wiel;
„Dis maar ’n fabel sonder siel:
Ek kan jul iets veel beter gee.”
En toe sy tabak plesierig brand
En blou-grys kringe boontoe stoot,
Toe hurk tesame klein en groot
Om toe te luister op die sand—
Want hy is uit die Boland; hy
Het eenmaal daar ’n held aanskou
In kinderjare en onthou
Die storie wat ’n naam moet kry.
XXVI.
WOLRAAD WOLTEMADE.
Nou ja, jul wil ’n storie hê!
Wees stil dan, kinders—tjoepstil, hoor!
Ek sal vir julle ’n storie sê—
’n Ware storie van ons land.
Julle is al groot en het verstand
En sal Oom nie met gekskeer stoor.
Want luister! Wat ek nou vertel,
Is iets wat ons geslag moet weet—
Iets waarop nooit ’n mens kan skel,
Wat julle kinders moet onthou—
Veral in so’n tyd soos nou
As alles somar word vergeet.
Sy naam was Woltemade—ja,
Onthou die man se naam maar goed!
As iemand later vir jou vra:
„Hoe heet dié kêrel weer, ou boet?”
Sê: „Wolraad Woltemade, man,
Het so sy lewe uitgespan.”
Ek het op daardie strand gestaan
Waarteen die see so gulsig stry;
En bowe het die dowwe maan
Sy half verstikte glans versprei
Oor geel en goud en perlemoen—
Daar het ’n held sy plig gedoen.
Ons het so baie helde nie
Dat ons daar een van op kan gee—
Veral ’n man so groot as dié,
Wat deur sy lewe daardie see
Gekoop het en homself as pand
Gegee het vir ons váderstrand.
As oor jou kop die koeëls gons
En om jou heen die slagveld kraak,
En kruit en stof en rook ’n dons
Oor jou en al jou maters maak,
Dan kan jy lig die bobaas speel
En jou ’n egte held verbeel.
Wat dink jy aan die Toekoms dan?
Wat steur jy jou aan Klaas of Piet?
Jan Rap se maat staan selfs sy man
As Kaffers blaas en Finghoes skiet.
Met Kaffers, Finghoes, Makketees—
Dis maklik om ’n held te wees.
Maar as dit in jou rustyd kom,
As oor die see ’n stormwind waai,
As teen die strand die branders brom
En selfs die vaste rotse swaai,
’n Pikswart nag die wêreld oor—
Dan is die saak wat anders, hoor!
Dan moet jy waarlik dapper wees,
Tot in jou murg, tot in jou siel,
Om sonder sidder, sonder vrees,
Jou eie skouers teen die wiel
Wat in die modder sit, te beur
En sonder hulp te trek daardeur.
Dan gaat dit amper net so hard,
So opdraand as ’n mens dit kry
Wat in die wêreld staan apart
En moedersiel alleen opsy
Die skorriemorrie teen hom het—
Dan is om held te wees geen pret.
Maar tog, ek stel die mens daarbo—
Ja bo Jan Rap se maat of Piet
Wat net aan heldedade glo
As Kaffers blaas en Finghoes skiet;
Hy is ’n egte held wat weet
Gevare wat Jan Rap vergeet.
Dis lankal gelede, al lank, en die jaar en die dag—nou ja
Dis tog nie so veel van belang, die datum, die dag en die jaar—
Maar goed, dit was voor jou geboorte, Jan Spens; en as jy my nou vra
Hoe lank vóór, dan sê ek ek weet nie—jy moet my maar glo, want dis waar.
Jan Kompanjie was toe ons bobaas; die Engelsman was nog nie hier;
En Soutrivier—ag dis so lankal—was regtig ’n waterrivier.
En bo in ou Papendorpstrate het deftige ooms geflankeer
En sedig en statig gesanik oor handel, die huis, en die weer.
Hoe bont was dit in die ou dae! Jou broek was van blougroen ferweel,
Jou hoed was so groot soos ’n emmer; jou baadjie soos kerrie so geel;
Die aias was algar uit Indië; die tee was ’n egte Sjinees;
En Malie se volkies was algar, soos Malie, nog slafies gewees;
En oor die ou driemaste-skepe het nog die ou driekleur gewaai.
Net een is nou nog soos hy toe was—dit is die ou blouwaterbaai.
Genoeg dat jul weet dit was anders.—Nou goed. Op ’n aand in die jaar
Toe het dit geblits en gedonder—’n mens word daar amper van naar.
En daar in die baai het die branders, so hoog soos ’n mied ná die oes,
Die hele boel skepe en skuitjies getakel en byna verwoes.
En vlak in die see was ’n seilskip—Jong Thomas, ek glo, was sy naam—
Gestrand op ’n rots onder water, deur kranse van water omraam.
Toe was daar ’n nare bohasie; die mense die maak ’n lawaai—
En reg ook: die ou Jong Thomas was propvol met mense gelaai.
En groot was die skeur in sy voorkant—so groot dat hy netnou moes sink;
En kom daar geen hulp vir die mense, dan moet man en muis maar verdrink.
Die Jong Thomas was ’n skip
Solied van bou, met elke rib
Gespyker vas en dig geteer
Om see se terge te trotseer,
Wat sonder skroom van oos na wes,
Van noord tot suid deur elke bres
Van brander of van seegolf spring
En al sy mense veilig bring
Net na die plek waar hul moet wees—
’n Skip wat sonder sku of vrees
Al baie male deur die see
Geseil het met sy mense mee.
’n Skip is soos ’n mens: sy lewe
Is hom vir ewig nie gegewe,
En eenmaal kom ’n dag of nag
Wanneer die dood sy aandeel wag.
Ons is nie op die wêreld hier
Net soos ’n muggie of ’n mier,
Waarop geen mens ooit agting stel,
Waaroor geen siel hom ooit sal kwel.
Die mier of muggie is vir ons
Net maar ’n goggatjie wat gons—
’n Korreltjie wat lewendig
Rondspartel in die skemerlig
En oorkruip oor die steilste rand—
Die afgrond van ’n greintjie sand.
En vir die see is elke skip
’n Kleinigheid; en elke klip—
Die kleinste ook—kan in die see
Vir elke skip ’n doodsteek gee.
Hoor hoe die donder kraak
En die weerklank dreun oor die see!
Hoor, daar’s ’n stem tussen hael en reën!
Hoor hoe die mense skree!
Help! Daar is vyftig meer—
Help! En ’n kind daarby!
Is dit ’n vrou se stem wat klink,
Of net die gekreun van die wind wat drink
Water en hael as ’n blitsstraal blink
As dit wolke en water sny?
Hoor jy nie, man, hoe die mense kerm
En hoe die arm goed gaan te keer?
Wie van ons, wie, sal hul nou beskerm?
Hier op die strand waar die see so stoom—
Hier, wie is hier wat sy hand sal reik?
Algar die mense die staan en kyk.
Daardie een bidde, want hy is vroom;
Hierdie een vloek, want hy weet nie raad.
Wie sal gaan help? Daar’s kans vir jou—
Jy wat so dapper is, jy wat hou
So baie oordag van ’n heldedaad.
Niemand.. Dit is mos die Heer se wil....
Wat kan ons maak? Daar’s niemand klaar.
Hoog slaat die see, en ons weet dis waar:
Iemand wat waag, dié loop gevaar
Nooit weer t’rug na die strand te kom
Anders as lyk as die see weer stil
Blou en groen en slaperig is.
Nou is dit steeks, en dit gaap en gis.
’n Man is ’n mens en mos nie ’n vis—
En ’n vis moet hy wees of ’n voël wat vlie,
Om deur te kom na die mense daar.
Wie sal dit waag? Kom sê dit, wie?
Wie is vir doodgaan kant en klaar?
Jy nie wat bidde, al is jy vroom;
Jy nie wat vloek nie: jy is te laf.
Ja, as dit mooi weer is, dan blaf
Al die keffertjies rondom oom.
Nou is dit storm, en ’n mens moet dink
Nie aan homself, maar aan kind en vrou.
Jy is nie klaar nie: dis niks vir jou
As hier in die water ’n mens verdrink!
Niemand sal gaan nie.. Maar wag, daar links
Kom Wolraad aan op sy skimmelhings.
Vorentoe, vorentoe, strand-toe, strand-toe,
Bollemakiesie die branders oor!
Vorentoe, vorentoe, land-toe, land-toe,
Amper verdrink, en half versmoor!
Die water suis, en gis en bruis,
Die blits vlam oor die see,
Die lang seebamboes buie en breek,
Die wilde branders slaat en steek,
Die woeste wind speel mee.
Groen, donkergroen soos skemergroen
Nog voor die sterre blink,
Of soos die varkblomloof geboen
Deur dou wat dagbreek skink—
Blou donkerblou, soos wolke-blou
Waarin die donder stoom,
Of soos diep water in ’n kloof
Waar nag nog altyd droom—
Só is die see tot aan die lyn
Waar see en lug kom trou,
Hieronder donkerblou en groen,
Daarbowe groen en blou.
En as die wolke swig, dan breek
Die slinger-bliksem los,
En see en hemel word ineens
In goud en glans gedos.
En oor die kraak van branders knal
Die donder oor die see,
Tot Tafelberg se kranse dreun
En Duiwelskop dreun mee.
Die laaste af! Die mense roep:
„Daar is nog ander daar!”
Die water dreig, die skimmel hyg—
Wie trots die doodsgevaar?
Nie jy wat praat, nie jy wat bid,
Nie jy wat staan en bewe!
Dis Wolraad weer wat nog ’n keer
Die Dood se woeste mag trotseer
Met wat hy het—sy lewe.
Kom op, ou skimmelhings, kom op!
Nog eenmaal deur die see!
Nog een gered, dan kan jy rus!
Nog eenmaal deur die see!
Die buikgord vaster vasgetrek—
Dan weer die branders in,
Die skuim en seegras deurgeswem
Om vorentoe te win.
Die hoë branders deur, ou maat,
Swem skip-toe, skimmel, swem!
Daar in die verte by die skip,
Daar klink ’n vrou se stem.
Dis pikswart donker oor die see;
Die wind die gaan te keer;
’n Bliksemstraal maak silwer-blink
Die bokant—daar ’s hy weer!—
En dan weer in die donker weg.
Ons hou ons asem; ag,
Van hings en ruiter niks te sien,
En orals net die nag!
Maar weer ’n bliksemstraal se lig
Wys Wolraad by die skip:
Ons hoor hom roep: „Net een maar, een!”
Nog voor die lig verglip.
’n Sarsie uit die wolke bars
En dreun die wêreld deur;
Die weerlig verf die hele baai
Met goud- en silwerkleur.
’n Tikkie tyd wat ure skyn,
Genoeg om te gewaar
Hoe om die held die mense woel,
Hoe oor die skip die branders spoel,
Hoe ná die doodsgevaar.
Maar ag, die dof lantêrenskyn
Word deur die see geblus,
En skip en skimmelhings verdwyn
In duister nag gesus.
’n Nare tyd voor weer die blits
Die oog ’n kans kan gee—
En ag, dan wys dit net die skip
En net die woeste see!
Daar is geen spoor van held of hings:
Die Dood het weer gewin,
En lewe-gulsig oor die strand
Bruis weer die branders in.
XXVII.
Dis later, en die kruisster daal;
Die maan sink oor die randjie neer;
Die naggroen, helder sag en teer,
Bly oor om oor die waens te straal.
En oom en neef sit nog en praat
En haal nog uit die ou doos uit
Die beste wat geheue omsluit,
Voordat die uur van rustyd slaat.
Die een vertel van hoe ’n spook
’n Ou Franshoekse plaas kon terg;
Die ander van ’n Boesman-dwerg
Wat hout aan brand maak sonder rook.
En een wat van die weste weet,
Waar sout geraap word in die pan,
Waar boer nog werk as visserman
En met ’n lyn die water meet,
Vertel, as deur die groen lug skiet
So af en toe ’n ster wat val
In goue strale lank en smal,
Die storie van ou Koenraad Fiet.
XXVIII.
Ver in die Troe-troe-vlakte, waar die skildpadbossies groei
En heuningsoet die boesmangras laat in die voorjaar bloei;
Waar, as die winter halfpad wild die wit-gerypte land
Bedek het met ’n harde kors van half gevriesde sand,
Die mistige môre, wasemryk, die son se glorie steel,
En skemeraande, ster-gestrooi, die hemel bo ferweel;
Op uitspanplekke langs die pad wat deur Jan-Dissels loop,
Tot waar sy vuil-geel gruis-tapyt hom in diep water doop,
As met die Olifantsrivier die blouberg-stroompie ming
En waboombos en boegoebos tesaam hul geure bring;
Op Sederberg se plase, waar die winter-koue skok
Die kweperlanings by die huis belaai met wit kapok;
Waar teen die purperswarte rots die sederreuse pryk,
Die oerou konings van die berg en van sy sederryk;
Waar tussen ruie slingergras die afrikaner strooi
Sy wierookgeure oor die land en spog in helder rooi,
En bontgeverfde klossies met die grys kalkoentjies paar
In kleure-pronk en -skitter tussen donker groen geskaar;
En in die dorpie op die vlak waarteen Karoberg lag,
Waar glorie-groen met glorie-goud die skemeraande wag—
Daar orals, as die mense praat op ouderwetse wys,
Vertel hul nog die storie van Piet Ryneveld se reis—
Piet Ryneveld die beeste-smous, wat, soos die mense sê,
Vermoor deur ou Koen Fiet se mes daar in die duine lê.
En in die aande as dit reën en winterbuie waai,
As vir die blits daarbuite op die werf die hane kraai,
Dan word die kinders bang gemaak met Eenoog, wat staan treur,
En met die spook van Koenraad Fiet, wat dwaal die duine deur.
„O, glinster-wit die bergkapok, nog gisternag geval,
En silwer skitter op die gras die wit ryp teen die wal.
O, goudgeel teen die donkergroen daar bokant op die bank
Die ryp lemoene aan die boom waarteen die klimop rank.
O, pragtig rooi die môrerooi eerdat die son verskyn,
En rooier nog sonsondergang gekleur soos rooi robyn!
O, woedend woes die oostewind wat deur die denne kreun
As wild sy woeste weemoedslied deur al die takke dreun!
Maar witter as die môreryp is Ryneveld se hand,
En geler as die goudste goud die vuur wat voor my brand,
En rooier as die môrerooi is Ryneveld se bloed,
En baie woester as die wind die angs wat in my woed.
Want as ek saans my oë sluit, dan sien ek voor my stryk
’n Lang lykstasie; elke man dra Ryneveld se lyk!
Ek voel hy ’s hier: ek ruik sy bloed; dis op die misvloer dáár;
Ek sien hom wink; ek hoor hom roep: ‚Kom same, moordenaar!’
Koppel die perde aanmekaar en laat hul bokant wei:
Niemand is baas van die weiveld hier, en niemand spook met my!
En skeer jou weg, dooi Ryneveld, want wie is bang vir jou?
Daar in jou rooi-geel duinegraf kan jy jou rus behou.”
O, hard is die taak van die beeste-smous wat oos en wes moet reis,
En oos en wes en noord en suid sy vee die pad moet wys—
’n Pad wat nog nie klaar is nie, ’n voetpad hard getrap,
Waar vers en bul en os en koei moet struikel as hy stap,
Die laagland in, die bergland op, die diepste drifte deur,
Die vlaktes oor, die klowe af waar jy geen pad bespeur;
Want hy moet waak, en hy moet werk van dagbreek tot die dag
Uit puur vermoeienis vir die son „Tot siens” sê vir die nag;
En harder nog die taak van hom wat met sy geldsak reis,
En oos en wes en noord en suid sy rykdom algar wys—
Want mens is mens, en gierigheid is iets wat algar byt,
En vrind vandag is môreaand jou vyand tot jou spyt.
O, oos en wes en noord en suid het Ryneveld gereis;
En orals waar hy kom, het hy sy geldsakkie gewys.
„Ek was begerig na die geld, en Ryneveld was ryk.
Koddig hoe soms ’n mens se kanse met sy wense stryk!”
Die nag was donker; donderweer was in die hemel swart;
En Ryneveld was bang vir blits—’n bangkat in sy hart.
’n Kwaai ou oom was Koenraad Fiet, sy daad was op sy dreig,
En dreig en daad was een by hom, want hy was kwaad-geneig;
En nors en steeks was Koenraad Fiet net soos ’n perdeby,
En gretig soos ’n wildekat na wat hy maar kon kry.
Ja, mislik-gierig was ou Koen: sy huis was nooit gewit;
Sy gewel vol met spinnerak waarin die duinsand sit—
Inhalig soos ’n ystervark, vrygewig glad nie—nee.
Oom Koen het nooit uit eie gier vir iemand iets gegee.
En op ’n aand het Ryneveld by Koenraad aangeland
Met al sy osse, en sy vee daar bo op Rodesand;
En Koen was klaar vir Ryneveld—klaar om sy geld te steel;
En Ryneveld was regtig bly om met ou Koen te speel.
„Jy kan vannag nie verder nie, ou boet; jy moet maar bly,
En neem verlief met wat ek het en wat jy hier kan kry.
Ek is alleen: my vrou is weg; die sout kors in die pan,
En al my mense raap nou hard die beste laag daarvan.
Sê vir jou jong hy moet probeer vanaand Patrysvlei haal:
Dit is die beste skuilte daar; die veld is hier maar skraal,
Maar daar is weiveld groot genoeg vir amper dertig span.
Bly jy maar hier vanaand by my, en speel kasino, man.”
Dit donderweer verskriklik sterk; die blits was een aan een;
En blits en donder by mekaar—daar waag geen mens hom teen—
Veral as hy, soos Ryneveld, swaarweer ’n pes beskou,
En liewers onder dak sy kop in sulke tye hou.
Piet Ryneveld was kant en klaar om by ou Koen te bly,
En kaart te speel en geld te wen as hy dit reg kon kry.
Want in sy buurt—hy was voorheen ’n boer uit Bot’lary—
Was hy geroem as slim neef Piet, na wie Fortuin kom vry;
En hy kon speel—ja hy kon speel, selfs met die duiwel teen,
En kaarte was sy lieflingspel, kasino hom ’n seën.
Hy het sy jong bevel gegee die beeste saam te kraal,
Daaronder by die Mieliedraai, waar osse nooit verdwaal;
En by die warm kombuis se vuur het Koen en hy sit speel
Tot middernag en later nog—jy kan jou hoe verbeel.
Geluk was Piet se beste vrind, en Koen het geld verloor;
En elke nuwe geldverlies het Koen weer aangespoor
Vir groter geld om roekeloos nog groter geld te wa,
En elke kans Geluk se kans om Koenraad weer te pla,
Tot eind’lik nyd en gulsigheid hul toppunt het behaal—
En Koenraad Fiet is woedend bleek, bankrot om te betaal.
„My mes was by die hand vir my—’n perdemes, half krom,
Gepunt en skerp; ’n steek daarvan was steek genoeg vir hom.
En op die mis-gesmeerde vloer het Ryneveld geland
Met skaars ’n roggel in sy keel, en bloed was op my hand.
Sy bloed was net soos ossebloed, blou-rooi soos donderweer,
Rooi harte-aas was rooi daarteen, rooi ruite-aas nog meer.
Die stroom het oor die stoel gespat, die kaarte vuil gevlek.
Sy val het van die tafel af die tafelkleed getrek.
O, langsaam rek die lewe uit, en jaar ná jaar vergaan,
En blare val en bloeisels kom in boord en eikelaan;
Die gloeiende somer spil sy krag in geilste groenste loof,
En najaar kom met wind en stof wat somerglorie doof,
En winter volg met kou kapok wat Sneeubergsrand bekroon,
En voorjaar huppel vrolik in en eis sy weelde-loon.
Jaar uit en in verandering, want lewe staan nie stil;
En hy wat agtertoe wil kyk ’n uurtjie te verspil,
Hy loop verdwaal en vind geen rus nòg wins in wat hy kry.
En ek alleen bly stilstaan as die jare hol verby,
Want as ek vorentoe wil trap, hou Ryneveld my vas—
En struikel moet ek, want ek dra sy dooi lyk as ’n las.”
XXIX.
As my asem uit is,
En my oog soos glas,
My gesig soos dooie skulpe op die strand,
En my lyf so koud soos druppels winterdou,
Lê my op die randjie
Waar die son die aalwyn groet
En goeienmôre vir die suurvyblomme sê.
Dek my oor met klippe—
Roes-rooi klippe van die randjie,
Lang verskroei deur somerhitte,
Skoon gewas deur somerreën,
Weer vervuil deur winterstof
Met ’n laag van vuil-geel gruis.
Stapel klippe op my, oor my;
Maak ’n vestingwerk daarvan,
Waar die wapad-sand kan skuil kry
As die warrelwind hom slaan;
Waar die bossie-saad beskut word
Tot die kiemtyd—as dit kom.
XXX.
Nee huil maar, want die droefnis-traan
Deur diepste, seerste smart gestort
Raak nimmermeer verdwaal en word
’n Aalmoes wat die siel verstaan—
’n Aalmoes wat die liefde hou
En wat die smartvol siel verryk—
’n Gulde God-geseënde blyk
Van eerbied en van broedertrou.
XXXI.
Waar die koorsboom sy geel aan die wêreld vertoon,
O wyd is die vlakte, die vlakte!
En geil is die groei van sy katdoring-kroon
Wat groei op die vlakte, die vlakte.
Dis wilde bos-lommer, berank en geboei,
Met geilste klimop in geen jare gesnoei,
Waaronder die blou-apies klouter en knoei—
Die volk van die vlakte, die vlakte!
Die rooi-geel suurknolle pryk somermaand daar—
O mooi is die vlakte, die vlakte!
Die trotse rooi aalwyne, deftig geblaar,
Wat waak oor die vlakte, die vlakte!
Die heuningsoet peuldoring, die varings so slank,
Die bontblom wat orals die bosse oor rank,
Die moepel waarin die vaal koringboer tjank—
Hul waak oor die vlakte, die vlakte!
O plat is die pad wat hier slinger en sluip,
Dwarsdeur hierdie vlakte, die vlakte,
En sag is die mos wat met reënwater druip
Hier neer op die vlakte, die vlakte!
O pragtig die kleur wat die skemeraand sprei
Oor bosveld en grasveld, oor bulte en vlei,
En pragtig die groen wat die wêreld hier kry
By nag op die vlakte, die vlakte!
Die klowe is steil, en die berg is hoog:
O gee my die vlakte, die vlakte—
Al is dit ook winter en alles is droog,
En geel op die vlakte, die vlakte!
O hier is dit vry, en die wêreld is stil,
Met nêrens ’n weerklank, met nêrens ’n gil,
En weelde van kleure so veel as jy wil—
Hier op my ou vlakte, die vlakte!
XXXII.
Lang braakland-arbeid, voor die grond kan teel
Die weelde wat sy diepste heimlik hou;
Lang smartvol werk, voordat die veld ontvou
Sy groen en goud en geel;
Eers doodgaan, voor die lewe wat besiel
Die ongespruite saad,
Ootmoedig in die sonskynstraal kan kniel
In geilste groen gewaad;
Eers sukkel deur die smart wat eind’lik baar
Plesier en rein geluk;
Eers ruwe trekke aan die teerste snaar;
Eers sug en buk—
En dan die diadeem, die vol koraal
Wat weerklank gee tot in die sterreryk,
Om nimmer tot ’n klaaglied weg te daal
Voordat die siel beswyk!
XXXIII.
Die Opperwese wat ons lot beskik
En heel ons gang bestier,
Sal krag gee sterk te maak en te verkwik
Ook hier.
Hy wat vir Isrel deur die dor woestyn
Gelei het Kanaan in,
Sal ons tot seë deur die droef en pyn
Laat win.
Hy wat die dooie mossie gadeslaan,
Sal ons erbarmend lei
En van die smarte wat ons teëstaan,
Bevry.
XXXIV.
Kyk t’rug in die verlede! Laat jou gewete kies
Tussen wat oorlog aanbied, wat vrede kan behaal.
Wat is die batig saldo? Wat wins en wat verlies?
Wat is die skuld wat eind’lik die wêreld moet betaal
Vir haat wat harder woeker hoe laer die mensdom sink,
Vir kleinlike jaloersheid wat nyd en bangheid baar
Waarin die mense-liefde meedoënloos verdrink
In diere-hartstog duister aan diere-moed gepaar?
Praat nie van patriotisme; tel nie jou helde oor;
Sus nie jou siel met woorde wat waarheid net verbloem;
Kyk raak, tot in sy hart toe, die onding wat versmoor
Die beste wat die mensdom het om eer te gee of roem—
Verdraagsaamheid en liefde, begrip van egte reg,
En broedertrou en buurmansplig teen elkeen wat bestaan.
Vra dan vir jou gewete waarom jou helde veg!
Vir watter doel, uit watter plig, neem jy jou wapens aan?
XXXV.
Raak nooit jou hoop op uitkoms kwyt,
O broer en suster in jou wee,
As skel die wilde branders skree
En teen die smart jou weerstand slyt.
Die wapens wat jou siel besit,
Is sterk om droefnis af te weer;
Die hefboom wat jou hart hanteer,
Druk self die Noodlot half uit lit.
Hy wat die helm van Liefde dra,
Die harnas van Geloof behou,
En met die skild van Broedertrou
Die ongelykste worst’ling wae—
Hy is gewapen kern en spits
Teen wat ook al sy lot voorspel,
Al is die donker rondom Hel,
Waarin die veraf weerlig blits.
XXXVI.
Die son spat splinters goud en louter lig,
Die hemel pronk met kleureprag, en dig
Lê weelde oor die wêreld in glans van goud en kleur;
En orals in die rondte is rykdom te bespeur:
Natuur se geil-gegewe buit;
Die veld se bont-geverfde geruit;
Die koor van voëls wat sing;
Die blye pret van alles wat huppel, en juig, en spring;
Van visse in die kuile wat bo die water stoot;
Van spreeus wat hul neste bou daar in die droë sloot;
Van bokke wat die gras verdeel
In paaie wat die meerkat steel;
Van loerie-voëls wat, pragtig blou,
Met trots-gekuifde hoogmoed die laeveld aanskou.
Dit is ’n nuwe wêreld hier,
En anderste as tuis die veld die mooiste maande vier.
Hier is nog net belofte van wat nog later kom:
Groen grasskeutjies bo die grond; boom nog sonder blom;
Vinkeneste, halfpad nat, nog maar halfpad klaar;
Kafferboom al aan die bot, skoon nog sonder blaar—
Groot belofte vir die Toekoms, wat so baie hou,
Soos die wolke vol met reën drywend teen die blou;
Groot belofte vir die Toekoms, wat so veel voorspel,
Ryker oes wat later kom as die veld vervel.
En hy staan teen sy perd geleun en kyk
Noordooste-toe, waar hemel en veld as een
Skyn in die middaglig—’n wêreldryk
Met afdraand-vlaktes, opdraand-hellings, pryk
Daar voor hom. Waar die son se strale teen
Die Draak se kettings val, daar vlam die rooi
Met lyne wit daartussen—stukkies goud
Wat staan as eilande daar in die woud,
En silwerdrade waar die laaste reën
Die vlak riviere met hul waterprooi
Belaai het. Waar die berg se skadu val
Op kloof en sloot en dig-begroeide dal,
Daar swewe donkerpurper, donkergroen,
Die swart vernis van blare nuut-geboen,
En skadu-kleure wat nog naam moet kry—
So baie, so verskillend. Hier opsy
Val weg die wêreld in ’n afgrond af,
Om daar weer op te rys en hoog te styg
Tot kranse, klip-gehak, wat rusplek skaf
Vir aalwyn en vir naboom ingelyf
Tussen die skeure waar daar skaars ’n steun
Skyn vir die statige reuse wat daar leun.
Lang doringtoue slinger daar, en vas
Klou koningblomme op die varingbas,
En rooi en blou klooflelies geur die lug,
As van die see die seewind sukkel en sug
Om deur die diep-gekloofde wêreld heen
Te dring, en dal en vlakte met sy seën,
Sy koel sag „Vrede bly met jou”, te sus
Voor op die middag hier die wêreld rus.
Dis weelde hier—’n wêreld stil met vree....
En veraf lê die blou lyn van die see.
XXXVII.
Die see! die see!
Mens is hy nie wat op die strand kan staan,
Onder die skyn van dagson of die maan,
Sy voete deur die brander-water nat,
Sy siel tot in sy diepste dieptes sat
Van vrede en van vreugde, en nie gee
Eerbied en eer en liefde aan die see.
Die magtige, die woeste, wilde see,
Die sagte, strelende, spelende moeder-see.
Die see wat ongebore is,
Die see wat onvergaanbaar is,
Die see wat alles wen en hou,
Die see wat met sy strande trou,
En ewig, ewig, ewigdeur
Die wêreld wat hy spoel, vergeur.
O see, o trotse oseaan, wat woel
Van Yslands ys-verdedigde berge af,
Om met lou water oor die strand te spoel
Waar silwerwit die skulpe-sand
Die vloer maak vir die silwerstrand
Waarteen die sagte branders bruis
Eentonig op en af die rotse teen,
Gelaai met bamboesgras
Waaroor die seeskuim reën.
O see, wat lok en trek
En in jou kinders liefde wek—
Hartstogtelike liefde, sterker in sy mag
As liefde vir die roem, vir plig, vir eer—
’n Liefde groter, reiner, meer
As die aantrekkingskrag
Wat die Natuur aan al wat lewe hou,
Gegee het, een vir een,
Tot mense-vloek of -seën,
Om jaar op jaar nuwe lewe te ontvou.
O see, o moeder, teer en sterk en trou,
Groet t’rug vir hom wat bring sy eerste groet aan jou!
XXXVIII.
O prag-gebergte van die Draak,
Diep kloof-gekerfde graat en rand,
Wat skitter oor die nuwe land
En Nátals kroon en sieraad maak!
O keiserryk van blomtuingrond,
Van weelde groen en lommerprag
Wat in ’n gloed van sonskyn wag
Sy sagte rus in awendstond!
XXXIX.
Dit is die lang-beloofde land,
Die Kanaan wat ons welkom heet.
Kom laat ons same, hand aan hand
’n Eed sweer dat ons nooit vergeet
Wat ons gebring het in die land—
Die Kanaan wat ons welkom heet.
Om vry te lewe is ons wens,
Om vry te sterwe is ons hoop.
Wat voor lê—daarvan kan geen mens
Die swart skuil-sluierdoeke stroop.
Om vry te lewe is ons wens,
Om vry te sterwe is ons hoop.
Gevare het ons deur gekom:
Daar lê nog smart en droefnis voor.
Vir ons is dit ’n heiligdom
Wat tot hernude poging spoor.
Gevare het ons deur gekom:
Daar lê nog smart en droefnis voor.
Hy het tot hiertoe ons gelei
En sal nog verder uitkoms skenk.
Dit is ons Kanaan, waar ons vry
Kan lewe en Sy naam gedenk.
Hy het tot hiertoe ons gelei
En sal nog verder uitkoms skenk.
Loof, loof Sy naam, verheerlik Hom,
In ootmoed biddend voor Sy troon.
Hier in die nuwe land gekom,
Wil ons Hom prys en liefde toon.
Loof, loof Sy naam, verheerlik Hom,
In ootmoed biddend voor Sy troon!
XL.
Soos ’n slang wat daar kronkel
En gly en verdwyn
As die son op hom fonkel
En die goud oor hom skyn,
So skitter en bewe die blits,
en die donder gee luid ’n refrein.
Almagtige winde
Dwaal rond op die vlei—
Hul vreet wat hul vinde
En breek wat hul kry,
Op wilde verwoesting gerig,
van die skuld van vergelding bevry.
Dof donkerblou bande
Versluier die nag;
Die berg se ver rande
Is swart in hul prag,
En swarter die stormswanger wolke
belaai met die onweer se mag.
Dit bars en dit kraak,
En die hemel skiet vuur:
Die wolke neem wraak
Op die middernag-uur—
En die wêreld is moeg van die worstel,
en sat van die stryd die Natuur.
XLI.
Swart, sonder ster, is die nag; gou goud waar die weerlig skiet;
Bliksem blink soos die gloed wat die môreskemer oes;
Rondom die kriekie-koor, en die groot bulpaddas blaf
Bokant die slingerpad waar die veld die vlei begroet—
Eentonige staatsie-sang geërwe die jare deur,
Geleer van wind en reën, van die donder wat dreun en kraak,
Gesing in die donker nag as die sterre slaap, versluier
Deur die dik gordyn van wolke waaronder die weerlig skuil;
Nog donkerder die berge en die klowe groen en swart,
Met die digte groei van bosse, waaronder die mamba woon;
En donker-swart die veld wat boontoe loop en af,
Eentonig op en af, in sagte bult en kloof;
En nêrens ’n ster wat glim, en nêrens die maan wat skyn!
’n Harde donkernag, ’n somernag vol reën,
En swanger tot barensnood met die onweer wat moet kom,
Met die blits wat breek en spat en skitter en skok en skuim,
Van wolk tot wolk loop speel, en orals die wolke spoel
Met ligtelaaie vlam en vonke van ligter goud.
Die harde donder kraak met bulderende, bewende stoot,
En rond omringende klank wat ver in die verte klink.
En doodgaan soos ’n man wat hard sy dood beveg
Met roggel en sug en klag wat eind’lik sag verkwyn,
In swarte sagte vree wat die stilte stiller maak.
XLII.
Lommeryk oor die watersloot hang die wilgertak;
Waggelend op die watervlak dryf die lelieblaar;
Donserig in die waenhuishoek hang die spinnerak;
Vreedsaam oor die ruigte-vlei stap die ooievaar;
Skommelend oor die seekoegat tjilp die vinkeheer:
Louter vreug hou bidstond hier waar die nessies swaai;
Sedig op die plaas se werf—sedig heen en weer—
Kuier, kopknik-slenterwys, in sy skik, ’n kraai.
XLIII.
Die osse loop die laagland plat,
En uit en in die bossies deur—
’n Nuwe selfgemaakte pad
Belaai met blom-vertrapte geur.
In rye in, in rye uit
As hier en daar ’n herder fluit,
Soos geil, gevlegte berg-klimop
Wat tussen trotse stamme pryk,
So loop die osse kop aan kop
Ry uit, ry in, totdat dit lyk
Die hele wêreld het sy vee
Hier vir die Soeloevolk gegee.
Rooi beeste hier, wit beeste daar—
Wit beeste, spierwit elke haar;
Swart beeste en bont beeste hou
Elk in sy eie klompie trou,
Soos in die blomtuin elke bed
Sy eie kleur-karakter het
En nie met ander kleure ming
Maar elk sy eie blomme bring,
So staan hier elke klomp alleen
In suiwer kleur die ander teen,
En elke klomp ’n duisendtal,
En vyftien klompe teen die wal—
Soos resjimente wat daar staan
Geduldig sonder oog te slaan
Op wat hier omgaan rondomheen,
En elke klomp apart alleen.
Die trotse rykdom van die ryk
Wat hierso voor die vreemd’ling pryk
Om hom te toon—wat hy al gis—
Hoe ryk die Soeloekoning is,
Wat soveel osse eienaar noem,
Wat soveel kleure-klompe roem.
XLIV.
Die koning sit en kyk dit aan,
Onstuimig, nydig in sy hart.
Hy sit daar somber en apart—
Daar waar hy alles gadeslaan.
En niks toon onraad in sy siel;
En niks die nyd wat ontrou baar
Hier in sy swarte leërskaar—
Hier waar sy mense rondom kniel.
Hy klou sy kierie in sy nyd
Krampagtig met sy vingers vas;
Sy oog gewaar geen groen van gras—
Want wat hy sien, is bloedrooi stryd.
En in sy ore dreun sy haat
Soos bier wat borrel in die vat,
En om hom lê sy koningstad
En al die rykdom van sy staat.
En nyd en vrees bespeur net nood.
Sy hand gryp aan sy prag-karos
En plots’ling brul sy wreedheid los:
„Slaan dood die towenaars, slaan dood!”
XLV.
„Slaan dood die towernaars! Slaan algar dood,
En trek hul buite, dat die koningstad
Nie deur hul bloed bevuil word nie en skuld
Van bloed hier op die Olifant se stad
In later jare rus nie.” En die woord—
Die vonnis oor wie gister vrinde was—
Was skaars uit, of die moord’naars gryp hul prooi;
En mes en vuis en hand teen assegaai
En wrede kierie veg, soos wanhoop kan,
Of heldemoed wat sonder houvas kamp.
So moet hy voel wat in ’n see-spelonk
Deur towersoete water wat hom streel
In rimp’lende liefkosing om sy lyf,
Genotvol swem, en plots’ling word omhels
Deur slym-gesmeerde, klouende seekat-bande
Wat bloed en krag met elke krimp verdruk
En worsteling hoop’loos maak. So moet hy voel
Wat wanhoopvol die sneeu-lawiene sien kom,
En links nòg regs kan uitweg kry vir vlug.
Verskeur, vermink, onmagtig meer te stry,
Word een vir een die kraalstad uitgesleep
En heuwel-toe geruk, om daar te smaak
Die laaste teug wat wrede mart’ling bied—
’n Beker bitter soos die bitter gal
En hiesop wat die Heiland in sy tyd
Op Golgotha geproe het aan die kruis.
Die heuwel toe, en op die heuweltop,
As laaste snik gesnik is, laaste teug
Van die blou suiwer lug is ingehaal,
En laaste hartkrimp laaste polsslag baar,
En die verminkte liggaam sonder voelte
Genadeloos gemartel en ontsiel is,
Die lyke neergelê as aasvoël-prooi
En teken van die lang-oorpeinsde wraak—
Soos Saul se lyk wat teen die hoë muur
Gehang het vir die wraaksug van Beth-San.
XLVI.
’n stroompie bloed soek uitweg deur die gras
Na laer lande, waar sy nattigheid
Die tingerige halmpies lawend was
Met lewensvog van fierste heldestryd—
’n Kronkelende stroompie, afdraand af,
Wat oor die klippe stadig weg moet kruip
Om by die aalwynblomme in ’n graf
Van dorstig-droë veldsand te versuip.
XLVII.
Bowe in die blou-gekleurde hemel
Swewe statig rond ’n arendvoël.
Met sy sterk verkyker-oog spioen hy
Orals, as hy bowe statig dool.
En hy sien die lyke op die koppie,
Rustig, stil, en weet dis lyke daar—
Dooie lyke wat sy vrind die aasvoël
Vóór vanaand nog kom om te vergaar.
XLVIII.
O Dodeland se koningin,
Perséfone!
Wat met blou-swarte oë uit die swartheid staar
En „Welkom, welkom!” roep
Aan elkeen wat die dodeland betree—
O droewige koningin,
O smart-gelouterde, geliefde vrou
Strek uit jou arme, hou
Vir algar hier ’n skuiloord uit en win
Die edele geeste wat geskaar
Tesame aankom om met jou gesin
Van stille rustige dode saam te woon.
Bekroon hul, koningin, bekroon
Elkeen met rus, met vrede ongestoor!
Smart en wat smart nog bitterder kan maak,
Skimp en die skyn van skande was hul deel
Hier op hul eie wêreld. Gee hul rus;
Gun, onder dié wat, toe die tyd nog jonk was,
Moeg van die stryd en radeloos jou ryk
As nuwe dooie burgers, eerbaar, eerlik,
Met roem wat dooie helde hou, bereik het—
Gun onder dié ’n plaas vir hulle. Groet,
Hul met ’n welkomsgroet, en reik die hand—
Jou sagte hand, o koningin—aan elk
Wat hier vanaand jou doderyk besoek.
En jy, ou Charon, roeier van die boot
Wat dooie siele afvoer oor die stroom,
Wees vrindelik met hul en versag jou haat
Teen alles wat ooit lewenslig gesien het.
Dink aan die helde wat jy vroeër vervoer het,
Aan martelare en aan wie vir plig
Eie belang en lewe afgegee het,
En groet hul vrind’lik—almal wat hier kom—
En voer hul veilig oor jou donker stroom.
XLIX.
Son, wat rooi die ooste welkom bied,
Groet met laaiende strale wat jy sien—
Pyn-gemartelde lyke bont bevlek
Met ’n rooier kleur as môrerooi;
Styf-wit hande met verrekte spiere,
Glas-verstyfde oë ewig blind.
Son, wat in ’n kermisgloed van kleure
Heel die wêreld wek tot lewe hier,
Groet met silwer, rooi en perlemoenskyn
Elke mart’laar hier op Golgotha.
Gee jou lig wat luisterryk eenmaal lyke,
Helde-lyke, elders kon bestraal;
Gee jou warmte, strelend soos die sagte
Liefdevolle handdruk van ’n kind,
Sag om hier die laaste plig van liefde
Uit te voer voordat die duister kom.
Sê vir die winde wat die wêreld plat waai,
Sê vir die sterre wat die hemel steun,
Sê vir die vaste rotse van die aarde
Waar nag en dag die wêreld onder kreun,
Sê vir die lug wat blou is,
Die see wat groen en wit is,
Die verste eilande wat palm-versier
Oor stil en oor onstuimige waters pronk,
Sê vir die noord- en suidpool met hul ys,
Die oerwoud-bosse om die ewenaar—
Sê vir hul algar dat hul weet die waarheid,
En dat hul rou dra vir ons heldedood.
L.
O ligkomeet wat links van Achernar
Jou blink vuursabel swaai,
En jarelang geduldig
Rondom die son moet draai!
O ster wat maan speel vir ou Jupiter,
Geketting maar nog vry,
En as trawant jou plig doen
Om lig as loon te kry!
O melkstraat saamgevleg uit silwerdraad
Soos wit ryp nuut-gesaai,
Wat deur die hemel kronkel
Met stukkies ster belaai!
O melkstraat, ligkomeet, en o trawant,
Verkondig hemelrond
Dit, wat die donker duister maak
Op Golgotha se grond!
LI.
Vinnige strale wat fonkel en skiet
Deur ’n waas van pers en perlemoen
As die môregoud sy glorie giet
Oor ’n wêreld bont met dou geboen.
Eerste straal van die grootste mag,
Vonk van die vors wat oor alles regeer,
Koning met meer as ’n wêreldgesag,
Vader van alles, van algar Heer,
Eerste oorsaak van ons bestaan,
Bron van alles wat lewe en lig,
Wat was, wat is, en wat nooit vergaan,
Waarheen wat siel het, sy siel moet rig,
Eerste God van ons mensdom, spaar
Goud van jou glorie genoeg vandag
Hier vir ’n kroon vir ’n martelaar—
Pragtige gloed vir sy heldeprag.
LII.
Maan, ou maan, wat jare deur
Met jou lang-geleende lig,
Met jou bleek gesig,
In nagte deur blomme vergeur
Oor die wêreld waak en wag,
Baie het jy, ou maan, bespeur
In die jare lankal afgeloop,
Van mense-trots en van mense-hoop,
Van bloed verspil en van twis gestry,
Van dade wat nooit vergelding kry,
Van moedeloosheid soos middernag.
En jy merk, ou maan, wat die mensdom dra,
Maan, ou maan, met jou bleek gesig,
Met jou blink geleende sonnelig.
Maan, ou maan, wat nooit nie treur
Maar sedig orals rondom speur,
Kyk hier neer op Golgotha
En sê die son wat hier gebeur!
LIII.
Wee wie sy hand bebloed
Met lewensrooi van sy onskuldige broer,
Wie haat met haat vergoed,
En vrederus beroer
Met wilde oorlogskreet en krygsgeskal!
Hy wat die swaard uit die skede trek,
Sal deur die swaard vergaan;
Wie eers die skot in die lug laat knal
En eerste oorlog wek,
Wie eers die blinde woestheid sal laat slaan
Op ’n onskuldige volk wat onbedek,
Bloot voor die aanval staan—
Hy sal vergelding vinde in sy skand’,
In bitter jammer en gewetenssmart—
Hy wat die eerste staan met bloed-bevlekte hand
En broederhaat onstuimig in sy hart.
LIV.
O Golgotha, in Godsnaam dek jou droef
Met rou van winterse wind-verwoeste gras
Waardeur die son-vergrysde bene was
Tot wit ivoor wat skitter teen die grys—
Dooi bene soos die ou profeet
Bespeur het in die doodsvallei,
Wat eens miskien weer lewe kry
En krag om smarte te vergeet.
Pronk nie daarmee, maar dek jou droef
Teen daglig wat geheime wys,
Teen sterreskyn wat moord ontdek,
En teen die wind wat wraak kan wek—
Teen lewendige oë wat bespeur,
O Golgotha, bedek jou treur!
LV.
O aandblom, aandblom, maak oop jou gesig.
Voor nog die skemer kom!
Die hele dag was jou ogies dig,
En jou blaartjies krom:
Nou is dit tyd om jou geur te sprei—
’n Wierook vir hom
Wat as lyk daar lê op die rooi-geel klei,
Vermink en stom.
Waai na die koppie ’n wolk van geur,
O liewe aandblom!
Miskien sal sy veraf gees bespeur
Van wie dit kom,
En jou korte lewe sal lieflik wees,
Aandblom, aandblom,
As jy weet die geur van jou lewensgees
Was geur vir hom.
LVI.
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die randjie rond:
„Dit het gereën; die veld is nat,
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: „Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: „Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen—
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
„Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.”
LVII.
Nie vir hom ’n graf te win,
Nie vir hom ’n kis te kry!
Spinnerak oor die grond gespin
Waar die môreson na vry,
Deur die oggenddou bemin,
Met ys-pêrels aangery—
Dis die lykkleed wat hy win,
Hy wat nooit ’n kis sal kry.
Soos ’n stokou steenbok sterwe,
Eensaam op die veld alleen,
As die son die vlakte verwe
Ná die reine somerreën—
Sal hy so sy dood beërwe
As die laaste liefdeseën?
Is sy lot so uitgekerwe
Deur die Noodlot, lang voorheen?
Of is syne harder einde,
Blits-bestraal—met donderdreun?
Ting’rig, brok’lig, smart-verfynde
Lewe wat versink in kreun,
Soos ’n warrelwind-gepynde
Lelie wat sy kop moet leun,
En sy alte lang verkwynde
Mooiheid opgee sonder steun?
Graf nòg kelder uitgekerwe
Dek die helde waar hul slaap;
Stofkleed van die wind geërwe
Is hul lykkleed waar hul slaap—
Stof van dit, hul eie wêreld,
Kanaan waar hul nooit sal bly,
Bloedstof wat hom in hul sluimer
As ’n sluier oor hul sprei.
LVIII.
Ek droom van ’n land waar die geeste woon
In ’n skadu van donkergroen ferweel,
Omraam met ’n glorie van goud en geel,
En ’n boog diamant-kristal as kroon;
Van ’n lang wit eensame kronkelpad,
Wat slinger die klowe en kranse deur,
Met die sikkeldoring se ruik vergeur,
Na ’n seeskuim-wit mooi marmerstad—
Na ’n koningstad waar gewels rys
Deur suil en pragpilaar gesteun,
Waaroor die veraf seegons dreun
As teen die strand die branders slaan;
Waar die hoë torings boontoe rys—
Kristal wat skitter teen die maan,
Te fyn gefonkel om stil te staan
In die gloeiende glans van die goudpaleis.
En ’n vywer is daar, met die water blou
Met die skyn soos die skyn van ’n blou diamant,
En die rooi, rooi lotos is daar geplant,
Wat in die môre sy knop ontvou;
En onder die blare swem daar vis,
Seewater-groen met bloed bevlek,
Deur die waaierpalm se blaar bedek,
As die môreson met die koelte twis.
En ’n koning is daar met ’n koningskroon,
Smarag-, sardoniks-, robyn-bester.
En die koning se oë die sien so ver,
Tot diep in die duister waar spoke woon.
Die dae wat nog sal kom, ken hy;
Hy weet van die jare wat nog sal wees;
En sy oë kyk vorentoe sonder vrees
Om te sien of wat mooi is en waar is, bly!
Die veraf jare die gaan verby;
Die dae wat nog sal wees, sluip weg;
En die koning bly stil, want hy weet dis reg
Dat net wat mooi is en waar is, bly.
En die koningstad is altyd daar,
Met lotosvywer en goudpaleis,
En hoë torings wat boontoe rys
En die eerste skyn van die dag gewaar.
LIX.
O glorie van die nag,
O donker prag
Van wat die dag
Verskuil het vir ons aangesig,
Wat eers ’n wolkgordyn
Verhinder het te skyn—
Ster met jou statige lig,
Wat voor die swart moet swig
Maar tog onsterflik wag
Om weer te glim en lag
As wolk en wind verwarrel sterwe
Of doelloos oor die hemel swerwe.
O ster en donker nag,
Leen, as ons hier vandag
Geduldig toef en wag
Op nuwe lig, op nuwe krag
Vir wat die Toekoms hou—
Smart, kommer of berou,
Eervolle worsteldood,
Hoop in die grootste nood—
Leen ons geduld om rond te swerwe
Die moed om sonder wins te sterwe.
LX.
As die skemer kwyn
En die maanlig skyn
Op die grastapyt om die klooffontein,
Kom die klein kabouterjantjies saam,
Soos dit klein kaboutertjies betaam.
Hulle dans en spring,
Hulle praat en sing,
Tot die dagster dag in die ooste bring.
Waar die water bruis
Oor geslepe gruis
En die koel aandwind deur die keurbos suis
Met ’n sedige, slaperige, sag refrein,
Is ’n gras-omgorde klooffontein,
Wat slinger en daal
Om die kloof te haal
Eer sy water tussen die gras verdwaal.
In ’n kermisdrag
Met juwele-prag
Is die skaar gedos, en die vliegies wag
Om hul lig te gee vir die dansparty,
Waar die mooiste dans in die voorste ry.
En die sterre skyn,
En die maan verfyn
Met ’n silwer-skitter die klooffontein.
LXI.
Nader die lig van die Dood, wat die oë laat fonkel
In ’n laaste geglim eer die lig van die lewe verdwyn—
Net soos die skyn
Van die sinkende son op die see as sy goudstrale kronkel
Oor rollende golwe en branders wat strand-toe lei,
Oorskuimend om sag op die sand hulle lykbed te kry;
Net soos die vuurstraal daarbo—waar die ster, as hy gly,
Saggies verglip van sy hemelse anker, verdwaal
Voordat hy aarde bereik as hy aarde-toe daal—
Goudglans en skitter en weelde kry.
LXII.
Stil lê die dooie moederlyk
In sederkis met swart beslag,
Geraam in blink groen mirteprag
Waarteen die katjiepierings pryk.
Die lig val saggies op die vloer—
Lynregte strepe stof-belaai,
Waarin die fyne donsies draai
As iets in die doodskamer roer.
Dis stil hier by die moederlyk,
Hier om haar swart getooide kis,
Hier waar dit alles rustig is
En waar die katjiepierings pryk.
En by die dodekamer staan
Die rou-gedoste huisgesin,
Wat steeds die moedergees bemin
En smart sy reg gee op ’n traan.
Dit was haar reg om so te wees
Ná sag die Dood haar slaaptyd gee,
Te win ’n rus, ’n stille vree,
Hier vir haar liggaam sonder gees;
Maar nie haar lot nie. Op die sooi,
Vermink, vertrap, met bloed bevlek,
Dáár lê haar lyk, en bo haar trek
Die aasvoëls nader by hul prooi;
En rondom is nòg rou nòg wee,
Maar net die eensame, ewige veld,
En niks vereer die moederheld—
Net maar die milde middag-vree.
LXIII.
Hulle het gespeel in die môreskyn
Met die son se goud en die grond se groen;
Hulle het gedrink van die wind se wyn,
En die sagte dou het hul koel gesoen.
Onder die bome, in die gras,
Nat met môrevog gewas,
Waar alles rondomheen hul wys
Dit is ’n nuwe paradys,
Het hulle gespeel in die môreskyn
En die wierook geruik van die wind se wyn.
Hulle lê nou stil in die skemergroen,
So aaklig stil as die lig verdwyn.
Die Dood, nie dou nie, het hulle gesoen,
Om verlossing te gee van hul martelpyn.
Tingerige lykies, ru vermink,
Waaroor die nag se duister sink,
Om in die donker die pad te wys
Na ’n betere, nuwere paradys—
Eensaam, stil in die skemergroen,
Deur die barmhartige Dood gesoen.
LXIV.
Die beste wat Natuur ons skink,
Die grootste wat ’n mens verdien,
Is dat sy oog die rykdom sien
Van gras wat bloei, van son wat blink.
Die swaarste wat die mens moet dra,
Is dat sy oog sy werk vergeet,
En hoe om reg te sien nie weet,
En hulp van hand en harsings vra.
Maar hy kan wens sy oog is blind
Wat so ’n gruwel-ding moet skou—
Die naarste wat die waarheid hou—
Die lyk van ’n vermoorde kind.
O slanke wese, rein as reën
Wat van die winter-wolke stort,
Onskuldig, vóór die wêreld word
Jou bank waarvan jy skuld kan leen!
O skitterende ogies lig geverf
Met wat van siel ons oorhou van
Gods groter siel, waarvan die man
Maar min behou voordat hy sterf!
Daarin was liefde, louter, rein,
Omhelsend soos die moedersee,
Of soos die engel Gabriël gee
Aan sondaars wat voor hom verskyn.
Daarin was lewe, laggende laai,
Die perd se draf, die bok se spring,
Die voël se vreug wat juigend sing,
Die vis se duik, die slang se swaai.
Die reinste onskuld, skaamteloos—
As skaamte skuld is—was daarin;
Die krag om skoonheid te bemin
Sonder om vir dié krag te bloos.
Daarin was wete onbewus
Van wat nog vóór die lewe lê—
Die kennis wat vir kinders sê
Genoeg om twyfel-angs te sus.
LXV.
O God der Leërskare help
Ons volk in noute vasgeklem,
Stroef deur die heidenmag oorstelp
Hier in ons nood verhoor ons stem,
O God der Leërskare help!
O Abrams God, U sterke hand
Het eenmaal Isrel uitgelei
Na die beloofde Kanaanland:
Help ons vandag as ons hier stry,
O Abrams God met sterke hand!
Verlosser, Vrind, hier in ons nood
Verhoor, en help, en gee ons krag!
Versag die droefnis van die dood,
Verlig die duister van die nag,
Verlosser, Vrind, hier in ons nood!
LXVI.
In sy geel-gepleisterde koningspondok
Lê die koning op sy karos;
Sy oë is swaar met die las van slaap,
En sy hand laat sy kierie los.
En die vonke van die vuur verspring
In die koel sag aandlug rond,
En die flikkerende skadu’s van die vlam
Dans voor hom op die grond.
En onder sy slaap-swaar ooglid deur
Gewaar hy die skadu’s dans—
Net soos ’n verwilderde vlermuis klap
In die skemer teen ’n krans.
En hy sien hoe die skadu’s groter word
En neem gedaantes aan—
Net soos verstrooide wolke vorm
Gestaltes teen die maan.
En die koning skrik, en sy hande klem
Om die kierie weer te gryp—
Maar sy hand is styf, soos die môredou
Verstywe deur die ryp.
En die skadu’s fladder oor die grond,
En stadig groei hul groot,
En die swaarte druk op die koning se bors
So swaar soos swaarste lood.
En die koning wil roep, maar sy stem is stom,
Sy verhemelte lam en droog—
En hy lê daar roerloos soos ’n lyk
Met wyd-geopende oog.
Die skadu’s kom al naderby
En neem gedaantes aan—
Net soos die môremis eerdat
Die son sy krag verslaan.
Dis manne, vroues, kinders dié
Wat uit die skadu’s tree—
Dis spookgedaantes van die nag
Wat om die koning skree.
Met wolwekloue tas hul hom aan,
En streel sy yskoue lyf—
Met hande kouer as die ys
En as die dou so styf.
Hulle algar kom die pòndok in,
Dosyne, een vir een;
En oor hul flikker die vuur se vlam
Sy skadu’s net soos reën.
En die oudste skadu-gedaante strek
Oor die koning sy dooie hand,
En sy oë fonkel soos vonke vuur
As die rooibos-hout verbrand.
„Ek kom uit die nag en die duister uit
Waar die geeste doelloos dwaal—
Die vermoorde skaar wat op jou bevel
In die duister neer moes daal.
Daar is baie van ons wat jou weer wil sien,
Dingaan, eer die laaste dag;
Daar is baie van ons wat vergelding eis
En moeg is om langer te wag—
Want die bloed wat swart in die son verdroog,
Gekors soos die opstoot-klei
Wat die spruit laat staan as hy vleiwaarts daal,
Roep wraak om jou dwinglandy,
En die wedevrou en die wewenaar
En die weeskind sit en wag,
En ’n opgevrete iempie-swerm
Verlang na jou dag en nag.
Ek kom om die koning bevel te gee
Van ’n groter Koning as hy—
Van ’n Koning wat diep in die duister wag
Om Sy reg en Sy wraak te kry.
Dingaan, eer die maan tot twaalfmaal groot
Gegroei het en weer verklein,
Eer die sikkeldoring tweemaal sy blom laat val
En sy blare weer verdwyn,
Daag dié Koning jou voor Sy koningstoel,
In Sy donker, duister saal,
Waar die lang-vermoorde mense dool
En die vader-geeste dwaal;
En Hy roep jou daar om reg te gee
Vir alles hier gedaan,
Waar ’n lange ry van klaers wag,
En die ewige regters staan.”
Die vonke fladder weer in die lug,
En die skadu’s oor die grond,
En die koning skrik, en hy rek hom uit
En staar in die duister rond.
En die vlammetjies flikker oor die vuur,
Want die hout is half verbrand—
En die skadu’s dans weer halfpad wit
Oor die koue grysvaal sand.
LXVII.
Dink, duiwelskind, wat mense noem Dingaan—
Dink as die donker oor jou hoofstad daal—
Dink as die sterreglans jou land bestraal
En in die môreskemerskyn vergaan—
Dink agtertoe en vorentoe as jy droom
Van wat die Toekoms in vergelding hou,
Van liefde wat tot haat ontaard, en trou
Wat afdaal tot verraad wat sonder skroom
Jou afgod-kapiteinskap inmekaar
Tot duisend flenters in ’n oomblik slaan
As in die duister van die nag vergaan
Jou land, jou troon, en hier jou heidenskaar
Van krygsgeoefende manskap ring-bekroon,
Van veelgekleurde, uitgesoekte vee,
Van roof en buit wat elke krygstog gee,
Van al wat in jou heiden-hoofstad woon!
Dink agtertoe, waar in die newelgrys,
Nòg ster-verlig nòg maan-bestraal, maar grou
En barensswanger met die môredou,
Die stemme van vermoorde mense rys—
Elkeen om aanklag teen jou aard te maak—
Elkeen om teen jou siel te protesteer,
Met duisend tonge wat jy nie kan keer—
Elkeen om skuld te eis, geregte wraak!
En, duiwelskind, wat mense noem Dingaan,
Bewe as jy dink, en sidder in jou hart,
En klem jou kierie vaster in jou smart,
En smeek genade van die blinde maan—
Die maan wat neergesien het op jou spel
Met mense-hartstog en met mense-pyn,
Blind en genadeloos met silwerskyn—
’n Blinde, blink lantêren in jou hel!
LXVIII.
Wraak—wat is wraak?
As die goue basuine blaas
En die lang, lang dooie lyke met nuwe lewe raas,
En vyand staan naas vrind
In die laaste glorie, blind,
Sonder herinnering of onthou
Van haat en smart wat die dood verflou,
Met net die oë stram gerek
Op wat die dooie lyke wek
Uit hul eeue-oue dodesluimer
Tot ’n nuwe lewe, groter, ruimer
As ooit gelewe was op aarde—
Wat is die waarde
Van lang-gebergde wraak?
Wraak—wat is wraak?
Is dit wraak wat t’rug vir die mensdom gee
Plesier en genot en rus en vree,
Soos die koel sag wind aan die worstelende see?
Is dit wraak wat die moeder se trane droog?
Wraak wat blind maak die vader se oog?
Wraak wat vertroos as geen trooster is?
Wraak wat weet hoe om uit te wis
Alles gely en alles gedra?
Wraak wat nooit vergelding vra?
Wraak—wat is wraak?
In die lange nagte, stil alleen,
As jy nie meer ’n traan het om uit te ween,
Nie meer ’n sug het om uit te sug,
As jy staan in jou droef tot sout versteen—
Soos Lot se vrou in Sodoms lug—,
Met nêrens ’n pad om mee uit te vlug,
Stok-alleen,
Jou tong verstom, jou oë blind,
In jou ore die suis van die skemerwind,
Onmagtig, lam—soos ’n klein, klein kind
Wat, weg van sy moeder se skoot verdwaal,
Uit angs vergeet het sy eie taal—,
Jou hande styf gekrom met pyn,
Jou haat gestil as jou hoop verkwyn,
En in jou ore die dof refrein
Van die skemerwind wat sing en skree:
„Jy het alles vir niks en niks gegee—
Afgegee en opgegee
Vir niks en weer niks! Laat maar bly:
Die dood sal alles wat doodgaan, kry!”
As jy nié meer vertroue het om te vertrou,
Wat is jou wraak dan werd vir jou?
LXIX.
Die vlag wat eenmaal oor ons was,
Is nou nie meer ons vlag:
Verskroei verlede maand se gras—
Daar ’s nuwe groen wat wag.
Die Spinnekop se wimpels stroom
Daar waar die seewind waai;
Die ou nag met sy donker droom
Het tot die lig gedraai.
Rooi, wit en blou en kruise drie—
Dis niks vir ons vandag!
Net maar herinnering wat ons nie
Wil ruil vir wat ons wag.
Sint-Joors, Sint-Andries en die Ier
Is niks vir my en jou!
Kom saam ’n nuwe feesdag vier,
’n Nuwe vlag ontvou.
Die groen van wat God om ons rond
Gesaai het wêreldwyd,
Die tint wat hier tapyt die grond
Deur al die somertyd—
Laat dit ons eerste vlagkleur wees:
Die groen wat Hoop voorspel,
Wat voorbeeld is van al die gees
Wat nimmer tart nòg kwel.
En rooi, die kleur van lewensbloed—
Laat dit as twede pryk,
Herinnering aan die Heldemoed
Wat land en volk verryk.
Die derde blou, die donkerblou
Wat berg en laagland verf,
Tot teken ons geslag bly Trou
Aan wat ons eind’lik erf.
As laaste kies die witste wit—
Die kleur van Reinste goed—,
En vleg dit same in gelid
Met groen en blou en bloed.
Die kleur van Hoop, die kleur van Trou,
Die kleur van lewensbloed,
Die spierwit Reinheid wat behou
Die krag van Heldemoed—
Meng al dié vier en maak vandag
’n Vierkleur-vlag daarmee—
’n Nuwe vlag, ’n reine vlag,
Vir vryheid en vir vree!
LXX.
Ek kyk deur skadu-lane na die dae wat nog sal wees,
En my oë is vol met trane, en my siel is siek van vrees.
Ek sien ’n veld vol lyke; ek hoor ’n donder dreun—
Die arme teen die ryke, wat worstel, stoei en steun.
Die goud wink oor die velde, die sonskyn laat hom glim;
Wat afstam van die helde, verdwaal en volg ’n skim.
Die wit-gevlerkte engel soek angstig na ’n skuil
Deur swarte rawe omsingel, wat tier en kraai en huil;
Die reuse van die aarde met salwende woord bedrieg;
En waarheid ken geen waarde waar elkeen veins en lieg;
Geregtigheid belaster en onreg opgekraam,
En ridderplig verbaster onder ’n nuwe naam.
Ek sien in broedertwiste ’n trotse huis verdeel,
En snode heidenliste waarmee die mensdom speel;
Verraad en ontrou wemel, en mense-trou is weg,
En elkeen roep die hemel getuie dat hy veg
Vir reinste, skoonste doele, vir vryheid, God en land,
As in die modderpoele hy worstel met verstand.
Die sterre skyn in vrede en kyk op aarde neer,
Die woelige ou Verlede sien laggend alles weer—
Sy skande en sy smarte, sy haat van mens teen mens,
Sy boos-besielde harte vol wreedheid onbegrens.
Ek sien die land in puine, die volk van vreug gespeen,
Lang grafte op die duine waar sag die seewind ween,
Die koningvelde gragte, die veld ’n Golgotha,
Onmenselike kragte wat offerande vra.
LXXI.
Kom dra wat oorbly van die man,
En lê dit in sy graf alleen—
En gee jou rustyd as jy kan,
Totdat die tyd van droefnis speen.
Sê: „Hy het mart’laar hier gespeel;
As held sy land en volk geëer—
En ek, en wat ek het, kan deel
In roem waarop die toekoms teer.”
Maar weet: Herinnering stok-alleen
Doen land nòg nasie blywend goed!
Oorerfde roem is regtig seën,
En ryke skat is heldebloed:
Navolging van die voorbeeld wag
Op louter eer en lofgeskal;
Bid om dieselfde mart’laarskrag
In tyd van struikel en verval.
Roem, soos jy moet, die marteldaad;
Eer, soos jy moet, die heldedood—
Maar sorge dat jy nooit versmaad
Die voorbeeld in die dag van nood.
LXXII.
O Leier en Held, wat jou lewe gegee het om hierdie land wat ons hou,
Ons syn te maak deur werk en daad, en as voorbeeld te staan vir jou
stam,
Wat is jou wens vandag, as jy magtig is neer te skou
Hier op ’n land verenig—hier op ’n grond nog klam
Met broederbloed verspil deur vyandige broederhand—
Hier op ’n volk verdeel deur meer as misverstand?
Sê, o dooie Held, is jou lewe gegee verniet?
Is jou voorbeeld niks vandag, jou naam maar net ’n naam?
Jou geloof in land en volk, jou smart en jou verdriet,
Niks om ons hoop te gee nie, niks om ons trots te skaam?
O jy was leier en held—laaste en eerste jy—,
Wys in die mensekennis wat weet waar die gespe hou,
Al lyk die gordel los en die bande deurgesny
Deur broedertwis wat breek maar nimmer op kan bou.
Leen vir ons volk en land, o dooie Leier—leen
’n Greintjie van jou kennis, ’n handvol van jou hoop,
Om wat verenig was, weer op te bou tot een,
Om weer die broederbande vir altyd vas te knoop.
Roep tot jou volk, o Held—roep tot jou stem weerklink,
Van ou wit Kaapstad onder, tot waar die ewenaar
Onsigbaar loop oor berge waarop die sneeu-skyn blink—
Roep met jou volle heldekrag, jou roem as martelaar:
„Verbreek die swaarste kettings van wreedste dwinglandy!
Maak, waar jy kan, die wêreld en al sy kinders vry!
Stik heidendom wat hinder, dood in sy eie slyk!
Stoei, tot die kroon van vryheid oor al die berge pryk!
Gee vir die nuwe Kanaan, die duurgekogte land,
Die vrede van genade, die vryheid van verstand,
Die lig van nuwe kennis, die wins van beter wet—
Die leidraad van geregtigheid, wat mens en mensdom red!
Maak pad deur wildernisse; brug diep riviere oor;
Laat vir die nageslagte ’n rein-getrapte spoor;
Bou en beplant die velde; bewerk met mannemoed
Die duurgekogte Kanaan besproei met heldebloed!
Wees broeder met jou broeder; sien af van skimp; versmoor
Wat haat of nyd kan uitlok, wat rus en vrede stoor;
Gaan hand aan hand tesame! Die toekoms staan en wag
Geduldig, tot die tyd hom wink met onweerstaanb’re krag.
Wees eensgesind in alles! In eendragsryk alleen
Heers skeppingskrag en nuttige mag en hoop op volle seën.
Niks bly deur stilstand lewe: wat is, beweeg en woel;
Die see spoor aan tot strewe wat al ons strande spoel—
Die see wat ewig bewe, wat ewig wyk en vloei
As winde oor hom swewe en met sy branders stoei.
Vooruit, vooruit, vooruit,
Tot waar die reënboog spruit—
Tot waar die eerste sonstraal sy barensnood verwag
Welaan, welaan, welaan,
Tot sterre, son en maan
Verdowe in die duister van God se laaste nag!”
LXXIII.
Wees vrinde en bou op
Wat lank verwoes lê, uit die puin.
Die daglig glinster god’lik op die kruin
Van elke berg en kloofrand; op die top,
Daar groet die rots die eerste lewensstraal,
Wat lewe bring en haal;
En elke wind basuin
Die nuwe leus: „Bou op, maak reg, en win
Uit afgebreekte puinehope weer
Wat half verloor was; en vereer
Wat klein is van begin
Maar groot sal worde as met werk en vlyt
Eenparig algar, elkeen van sy taak
Hom naarstig, ernstig kwyt,
Om eind’lik in ’n nuwe, beter dag
Voldoening vol te smaak,
As om hom wêreld-rond die weelde-prag
Van nuut-gesaaide winste pryk,
En land en nasie trots die hoof kan hou,
Sonder verdriet of berou,
En fier kan voorgee: Ons is ryk—
Ryk in herinnering van deurstane smarte,
Ryk in besit van droef-gelouterde harte,
In moed, in trou, in werk,
In deug wat aangroei en versterk,
Totdat die jare ophou, en tyd vergaan—
Totdat die son geen lig meer leen nie aan die ou afgeleefde maan!”
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DINGAANSDAG ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Boesman-Stories, Deel 2. Dierstories en ander verhale | Von Wielligh, G. R. (Gideon Retief) | 1,859 | 1,932 | Wielligh, Gideon Retief von | https://af.wikipedia.org/wiki/G.R._von_Wielligh | af | [
"LCSH=San (African people) -- Folklore",
"LCSH=Tales -- Africa, Southern",
"LCC=GR"
] | [
""
] | 2020-10-18 00:00:00 | 101 | The Project Gutenberg eBook of Boesman-Stories, Deel 2. Dierstories en ander verhale
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Boesman-Stories, Deel 2. Dierstories en ander verhale
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: R. F. Keet
Release date: October 18, 2020 [eBook #63493]
Language: Afrikaans
Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg (This file was produced from images generously made available by The Internet Archive)
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 2. DIERSTORIES EN ANDER VERHALE ***
Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)
BOESMAN-STORIES.
Deel II.
DIERSTORIES EN ANDER VERHALE
DEUR
G. R. VON WIELLIGH.
Geïllustreer deur R. F. KEET.
ALLE REGTE VOORBEHOU.
(Twede druk.)
NASIONALE PERS, BEPERK, Drukkers en Uitgewers,
Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1922.
INHOUD.
No. Bladsy.
'n Paar Woorde vooraf 1
26. Kraai se vernedering 3
27. Die Aasvoëls 15
28. Erdvark, Vlakvark, Kwagga en Bosvark 25
29. Hasie, Tingtinkie en Uil 31
30. Die Boesman en Leeu ontmoet in 'n Spelonk 39
31. Slang en Skilpad is broers 47
32. Leeu, Wolf en Jakkals 53
33. Die Bobbejane en Ape 61
34. Die Sonbesies en Kriekies 69
35. Leeu en Wolf eet oor en weer 79
36. Volstruis word weer lewendig 85
37. Leeu word jaloers 95
38. Perdeby en sy Vrou 101
39. Moeder Leeu en die Kinders 107
40. Boesman-Gedigte 115
41. Leeu binne die Hut by die Kind 121
42. Wolf en sy twee Vroue 127
43. Tier is ontevrede met die Son 137
44. Ystervark en Vlermuis 145
45. Twee in een Skot 153
46. Die Hamerkopvoël en die Swaweltjies 159
47. Die Wolke 167
48. Mierkatte en Erdmannetjies 175
49. Die Boom wat al maande sterf en weer lewendig word 183
50. "Die Dieredans" deur Boesmans uitgevoer 191
'N PAAR WOORDE VOORAF.
Tans oorhandig ons Deel II van Boesman-Stories aan die geëerde publiek,
met die hoop dat dit 'n vriendelike ontvangs mag geniet.
Om die volksvertelling van Boesmans te geniet, moet die toehoorder of
leser volkome met die karakter van dié nasie bekend wees. Ons het in
die twee Deeltjies wat nou in hande van die publiek is, en met die twee
wat hul spoedig sal opvolg, nie alleen getrag om die blote stories te
vertel nie, maar het ook terselfdertyd gestreef om die volkskarakter
te weerspieël. Dus, ná ons al vier deeltjies Boesman-Stories deurgelees
het, sal ons hierdie besondere volksvertellings na waarde weet te skat.
Ons het êrens reeds daarop gewys dat daar wel deeglik verskil bestaan
tussen die maniere waarop Hottentots en Boesmans hulle stories
vertel. Die Hottentot is 'n pretmaker (humoris) en verstaan die kuns
om eienaardighede van diere op grappige wyse te verklaar. Hy tree op
as spottekenaar (karikaturis) en lewer ons spotprente (karikature)
van 'n taamlik goeie gehalte.
Die Boesman, daarenteen, is weer 'n kunstenaar (arties), en wel na eie
kultuur--hoe laag dit ook al mag wees. Hy is selfs musikant en digter
wat die natuurklanke getrou kan naboots. Waarlik, hy is 'n kind van
die natuur; en sy taal is 'n gawe van God alleen aan hom geskenk,
sodat hy hier nie nodig het om van ander te leen nie. Hy graveer
of skilder voorwerpe soos hy dié in die natuur aantref--sonder om
pogings aan te wend om daarop te verbeter.
Daarom, as ons sy stories deurlees, dan vind ons hierdie karaktertrek
as 'n polsslag wat al sy verhale deur kan gevoel word. Hiermee wil
ons nie te kenne gee dat hy enigsins van oordrywing vry te pleit
is nie. Nee, sy diere kan ook praat, nes dié van die Hottentot--ja,
hulle kan selfs meer doen: hulle kan hulle gedaantes verander. Maar as
ons bedink wat die godsdienstige begrippe van Boesmans is, nl. dat die
ou geslag hul maklik van Boesman tot dier en van dier tot Boesman kon
verander, dan moet ons sulke onnatuurlike of bo-natuurlike verskynsels
as volkome natuurlik vir 'n Boesman beskou. Met dit voor hom is hy
aan die skep van stories gegaan. Sonder om in die spinnerakke van
gissing verwar te raak, wil ons amper beweer dat die meeste van sy
vertellings onsigbaar aan werklike gebeurtenisse geknoop is--in ieder
geval, dis verdigsels van werklikhede.
Want met deurlees sal selfs die gewone leser bespeur dat die diere
hulle rolle nes op die alledaagse toneel speel: Leeu is die gesaghebber
en baie sterk; Tier volg hom in rang op; Wolf is onbeskaamd en
'n indringer; en Jakkals is 'n bangbroek, en daarom meestal 'n
bedelaar. In die vertellings van Boesmans kom dus, ooreenkomstig
hulle begrippe, haas geen oordrywing voor nie. So is Boesman-stories
ook maar blote karaktertekeninge, of karaktersketse.
In die bespreking van sulke stories loop die opienies van beoordelaars
baie uiteen: die een verklaar dié as blote kinderkamer-sprokies,
die ander weer as bloot wetenskaplike werk; die woorde "soos deur
Hottentots vertel" of "soos deur Boesmans vertel" is peper in
hulle oë, en hulle verklaar om hierdie rede dat sulke stories vir
kinderkonsumpsie (kindergebruik) glad ongeskik is--asof ons vaders en
moeders ons terug moes geroep het toe ons outas saans so aantreklik
die stories vertel het, en ons ouers self in plaas van die Hottentots
en Boesmans vir ons dié stories moes vertel het. En wat het ons dan
gekry? Want wie kan 'n dierstorie so aanskoulik as Hottentots en
Boesmans vertel?
Die materiaal wat ons versamel het, is ru, dog natuurlik. Saag
en skaaf ons te veel daarvan, dan verloor dit sy eienaardige
karakter. Lewer ons dit net so in onbewerkte toestand, dan is die
enigste aangewese plek daarvoor die boekrak van die ondersoeker van
menskunde en volksvertellings. Wat ons egter na gestreef het, is om
tussen al die rotse veilig deur te seil, nl. wetenskap aan die een
kant, blote vermaak aan die ander kant, en egte volkskarakter vlak
voor ons. Hierdie drie eise het oor ons skouer op ons pen gekyk of
ons wel getrou aan ons strewe gebly het. En dis vir die publiek om
te oordeel in hoeverre of hoe na ons die skyf mis- of raakgeskiet
het. Dit, egter, is ons versekering: ons het ons bes gedoen. As die
lesers ons poging in hierdie lig wil bekyk, dan is ons meer as beloon
vir al ons werk van toewyding.
Die Skrywer.
Kafferstat, Hendrina, Tvl.,
Junie 1919.
NASKRIF: Toe ek hierdie Deel, op 'n paar Stories na, klaar geskrywe
het, is dr. W. H. I. Bleek se Specimens of Bushmen Folklore my
in hande geval. Dié boek het onvoltooid ná sy dood verskyn; en
sy skoonsuster, mej. Lucy C. Lloyd, het met baie moeite die werk
gepubliseer gekry. Dr. Geo. McCall Theal het daarvoor 'n seer
belangwekkende inleiding geskrywe.
Dog dr. Bleek het sy werk glad met 'n ander doel geskrywe. Hy het
die verskillende tale van die inboorlinge van Suid-Afrika bestudeer;
maar toe daar 'n gunstige geleentheid hom aanbied om sy aandag aan die
Boesman-spraak te wy, het hy gedoen meer as baie ander sou gedoen het,
om sy werk--A Comparative Grammar of South African Languages, waaraan
sy hoë reputasie verbind is--terug te sit om eers die Boesman-taal te
leer en dan sy kennis daaromtrent aan andere mee te deel. Vir diegene
wat die taal van die Boesmans wil leer, sal dr. Bleek se boek baie
te pas kom.
Met deurblaai en lees van die Bushmen Folklore is ek getref deur
die groot ooreenkoms van die stories deur hom en my aangegee. Want
hoe is dit moontlik dat 'n wilde menseras hulle volksvertellings so
wyd versprei het en dit so goed bewaar het? Maar by nader ondersoek
blyk dit dat dr. Bleek en ek ons materiaal omtrent dieselfde tyd op
dieselfde oppervlakte versamel het--net hy het 'n paar Boesmans uit
die binnelande naby Middel-Afrika, en ek het een van die Transvaalse
Boesmans gehad; en dit het die ooreenkoms bewerkstellig.--Die Skrywer.
NO. 26.
KRAAI SE VERNEDERING.
(Stories No. 1 tot 25 vind ons in Deel I.)
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n karakterskets, soos die meeste
van die Boesman-stories is.
Kraai voel net honger en het 'n siek springbok onder 'n bos sien lê;
maar hy sien geen kans om die siek dier dood te maak nie. Hy probeer
toe om die bok se oë uit te pik; dog so siek was die springbok nog nie,
en hy wou so 'n marteling sonder weerstand nie verdra nie--dus gaffel
hy vir Kraai iedere maal met die horings weg. Kraai raak raad-op en
gaan hulp soek. Dit sal maar swaar gaan om iemand te kry, want Kraai
is maar baie inhalig en gun niemand iets nie.
Aasvoël sit daardie oggend bo-op sy hoë krans, waar hul broei en
slaap; en hy sit die wêreld haarfyn na alle kante toe te beskou. Hy
wil uitvind of êrens nie 'n dier dood lê nie, want hy en sy famielie
voel net honger.
Kraai kom daar aangevlie en plak hom ongereken en ongenooi op een van
die klippe neer, en hulle twee vra oor-en-weer na mekaar se gesondheid.
Aasvoël se antwoord is: "Net sleg!" Hy vertel toe verder dat hy die
laaste paar dae net ongelukkig was, dat hy met sy vrou en kinders
sonder 'n kiesvol kos sit.
Kraai voel somar dat hy by die verkeerde man om hulp kom soek het,
want hulle albei voel net ewe honger. Hy dink by homself as hy Aasvoël
vra om die bok vir hom (Kraai) dood te maak, dan vreet die Aasvoëls
alles op en kry hy niks nie. Hy voel teleurgesteld en word somar in
sy hart boos.
"Wat het jou vanoggend so vroeg hierheen gebring?" vra Aasvoël toe
hy so 'n skewe blik na Kraai gooi.
"Dit gaan jou nie aan nie! Waarom is jy so vuil--kan jy jou nie
was nie? Iemand sou sê daar is glad geen water in die wêreld nie,"
antwoord Kraai, en hy soek skoor. Kraai is 'n ou windmaker en kan meer
praat as wat hy kan doen. Maar Aasvoël is 'n man wat diep kan dink,
en doen meer as wat hy mee voor die dag kom. So gee hy vir Kraai
geen antwoord nie, maar draai sy kop weg en sit soontoe te kyk,
beskou die rantjies haarfyn en laat sy oë oor die vlaktes dwaal.
Kraai was net vol geselskap. Hy stoot sy bors vooruit, vrywe met sy bek
daarop en roep uit: "Ek is pure man; my naam is Jagter Raakskiet. Ek
het volop kos en dra 'n blink pak klere!" En hy hou aan om twis
te soek.
Aasvoël, wat min van sulke bogtery hou, rek sy nek uit, gee 'n blaas,
klap met sy vlerke en storm vir Kraai ... en daar trek Kraai, stert
in die lug.
Onder in die vlakte ontmoet Kraai vir Leeu. Weer word na mekaar se
welstand oor-en-weer gevra. Leeu vertel ook dat hy die vorige nag
ongelukkig was: hy het baie moeite gedoen, maar kon geen wildding
onder sy naels kry nie; en nou brand sy maag van honger.
Weer bemerk Kraai dat hy by die verkeerde man is om hom te help die
siek springbok dood te maak. Hy begin somar vir Leeu sleg te maak en
weet te vertel dat Leeu se oë agter op die hakke van sy voete sit;
daarom kyk hy die verkeerde pad. Struweling vind plaas, en weer moes
Kraai sy stert wys en die vlug neem. Hy gaan toe gou kyk of die siek
bok nog daar op die plek lê.
Andermaal probeer Kraai om die bok se oë uit te pik; dog die springbok
het nog genoeg krag besit om Kraai te laat proe hoe horing-slaan
smaak. Kraai moes maar weer sy rugkant wys en verder gaan hulp soek.
Daar voor kry hy vir Wolf, wat sit en huil. Hy vra vir Wolf waarom
hy so hartseer voel en so moet huil.
Hy kry tot antwoord: "Ek voel baie honger--so honger dat ek in een maal
'n olifant kan opeet. Ek soek genoeg, maar kan nie kry nie."
Nogmaals bespeur Kraai dat hy die regte man maar nie kan raakloop
nie. Hy weet dat Wolf gulsig is en nooit sy maat weet as hy by kos
kom nie. So begin Kraai somar: "Ek weet waarom jy so huil: jy huil
net omdat jy so sleg is. Jy dra jou oë in jou maag, daarom kan jy
die baie wild nie sien nie." Hierop kies hy die wêreld vorentoe.
Daarop ontmoet hy vir Jakkals, wat ewe bly was om vir Kraai te
sien. Met vriendelike laggies vra hul oor-en-weer na die welstand. Uit
die staanspoor vra Jakkals: "Waar kry jy tog so baie kos om altyd
uit die fyn kerf so te blink?" En hy vervolg: "Lank nie gesien nie;
toe, trakteer, trakteer! Ek voel so honger dat ek alleen vanoggend
'n hele springbok kan opeet."
"A, my naam is Jagter Raakskiet; en julle kan by my kom leer om boog
vas te hou om wild te skiet." Hier bly hy stil, want weer vind hy tot
sy spyt dat Jakkals nog nie die regte man is om hom met die doodmaak
van die springbok te help nie; so word hy meteens parmantig en spog
op sy ou manier.
"Maar as daar nie doodmaakgoed is nie, waarvandaan moet ek kos
kry?" vra Jakkals bietjie verleë.
"Wat sê jy, is daar nie doodmaakgoed nie? Jy kyk teen jou ooghare vas;
want jy eet te baie gom, en daarom is jou ooghare aanmekaar vasgelym."
"Toe kyk, en sê of jy gom in my oë sien! Maar ek sien in jou
oë paddakomberse en skilpadmelk; want jy leef mos van paddas en
skilpaaie."
(Paddakombers is die groen slymplant wat op staande water en vlak
strome dryf.)
Kraai voel hom toe 'n bietjie ingeklim, maar kan nie stry nie en skel
net en maak keel skoon toe Jakkals op sy gemak wegdraf.
Kraai se dinkertjie staan toe stil: hy kyk voor hom op die grond;
hy krap sy kop aan die een kant, dan aan die ander kant; hy pik aan
sy een poot; dan pik hy weer aan die ander poot; en hy bevind hom in
die middel van ek-weet-nie.
Sonder om daaraan te dink, maak Kraai sy vlerke oop en vlie reguit na
die siek springbok om te gaan kyk of hy nog nie dood is nie. Daarheen
ontmoet hy vir Bobbejaan, wat na 'n wilde vrugteboom toe stap. "A, hier
het ek die regte man!" dog hy; en dadelik sê hy: "Ou maat, Bobbejaan,
kom hou jy vir my die siek springbok vas dat ek sy oë kan uitpik,
en dan maak ons hom verder dood."
Bobbejaan het net een dwars kyk na Kraai gegee; maar hy het verder
geen erg aan hom nie en stap maar nader na die boom toe.
Kraai, ewe vol geselskap, sê: "Toe, ek sal vir jou die vrugte afpluk
en af gooi; kom help my."
Bobbejaan antwoord toe vir die eerste maal: "Waar jy dink om by te
kom, kan ek self klim en die tak nader trek--iets wat jy nie kan doen
nie. Toe, loop maak jou eie springbok dood en laat my met rus staan."
Ook hier was Kraai by die verkeerde kêrel. Hy sit diep te dink,
en meteens word sy aandag getrek deur 'n muis wat in 'n voetpaadjie
hol. Kraai, wat reeds baie honger het, spring op die muis, vang dit
en wou net begin te eet.
Maar Slang kruip onder die bossie uit en roep uit: "Wat vang jy my
muis? Gee dit op die daad hier!"
Kraai kry meteens 'n plan en antwoord: "Ek sal hierdie muis vir jou
gee; maar dan kom jy vir my 'n siek springbok--hier naby--doodbyt. Wil
jy nie, dan eet ek self die muis op; want jy het dit nie gevang nie,
maar ek. Is al die muise in die veld dan joue?"
Slang beloof plegtig om die bok te gaan doodbyt; maar Kraai moet
eers die muis gee. Kraai doen dit; maar ná Slang daardie tamaai
groot muis ingesluk het, kon hy nie 'n tree verder seil nie: hy moes
'n baie lang tyd stil lê eer die muis in sy maag verteer is, en dan
eers kan hy wegkom.
Kraai voel hom toe weer aan die verkeerde ent van die pyl en boog; toe
kry hy spyt dat hyself die muis maar nie opgeëet het nie. Vir Slang
moet hy nou met rus laat staan, want een pik is genoeg om hom poot
te laat omkeer. Die beste vir hom, so redeneer hy, is om met Aasvoël
te gaan maats maak; want Aasvoël laat tog altyd genoeg vleisies en
seninkies aan die afgeëte bene dat hy (Kraai) genoeg kan kry.
Dog toe Kraai by die springbok kom, was dié al so swak dat hy nie
meer met sy horings vir hom van Kraai kan vry veg nie. Kraai pik toe
die oë en tong uit, onderwyl die siek bok nog nie dood was nie. Hy
het toe genoeg kos daaraan gehad en vlie bo in die boom om daar slim
praatjies te gesels. Verder kan hy niks aan die springbok maak nie;
want hy is 'n pure bog en kan nie die bok se vel stukkend skeur nie.
Leeu ruik die bloed en kom. Hy begin dadelik te eet.
Kraai roep bo uit die boom: "Wie is daar? Laat staan: dis my springbok
wat ek vir my geskiet het!"
Leeu antwoord: "Dis ekke, Leeu! As jy nie met my so parmantig gewees
het nie, dan sal ek nog vir jou iets gelaat het; maar nou niks nie!"
Toe Leeu klaar het, kom Jakkals daar en kou die vleis en senings van
die bene af.
"Wie is daar? Loop weg! Dis my bok wat ek vir my geskiet het!" roep
Kraai net driftig uit.
Jakkals sê: "Parmante kry niks" en steur hom verder nie aan Kraai nie.
Toe Jakkals nog die bloed oplek, kom Wolf daar en begin die bene
te kou.
"Wie is daar? Maak dat jy hier wegkom! Dis my bok wat ek vir my
geskiet het," roep Kraai ewe boos uit.
Wolf antwoord terug: "As jy mooi gevra het, sal ek miskien nog aan
jou gedink het; maar nou glad nie! Hier is nie eens genoeg kos vir
my nie, wat nog te sê vir jou ook."
Toe eers vind Kraai--al blink sy klere so--tot sy leedwese uit hoe
min ander van hom dink en hoe min hul van sy grootpraat en skel maak.
NO. 27.
DIE AASVOËLS.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n karakterskets uit die lewe
van aasvoëls.
Daar was 'n jong Boesman wat doodverlief was op 'n jong
Boesmanmeid. Maar die vader van die jong Boesman en die vader
van die jongmeid het baie stryery in die jagveld, sowel as tuis,
gekry. Daar was amper aldag rusie tussen hulle. So het die vader van
die jongmeid later besluit om maar ver weg te trek. Hy maak so en
gaan daar anderkant die berge woon.
Nou, die liefde van die jong Boesman vir sy jongmeid, was baie
sterk. Elke nag droom hy dat hy kan vlie en dan oor die berge sweef
tot waar die ouers van die jongmeid bly. Hy droom dat hy met haar
praat en dat hulle so gelukkig saam woon.
Maar die anderdagoggend vind hy uit dat dit maar alles drome is,
en dan is sy hart baie seer. Hy probeer dan op alle maniere om te
leer vlie. Eendag kry hy dit reg om hom in 'n aasvoël te verander,
want hy was een van die Boesmans van die ou geslag.
Hy vaar toe op, op, op in die lug en maak groot draaie in die lug,
en hy kyk na alle kante toe. Eindelik vat hy die koers oor die berge
en vlie in die rigting waarheen die jongmeid haar ouers getrek het.
Dit geluk hom om die plek te vind. Hy het daar rondgedwaal, dan weer
op 'n koppie 'n bietjie gaan rus, tot hy die jongmeid sien water-toe
kom. Hy gaan digby haar sit.
Sy kyk verwonderd op en word bang, want die voël hou gedurig sy
skerp blink oë op haar gevestig. Sy gryp 'n klip om na die voël te
gooi om hom weg te ja. Maar hy verander hom dadelik in 'n Boesman;
en daar sien sy dat dit haar minnaar is. Sy was vaal geskrik en bewe
van ontsteltenis. Hy vertel haar toe dat hy haar kom haal en dat
hy haar ook in 'n aasvoël wil verander. Sy was eers skrikkerig vir
die plan. Maar toe hy aan haar vertel dat dit die beste manier is om
hulle te verander sodat hulle ouers en die ander Boesmans hulle nie
meer kan ken nie, vind sy die plan goed; en sy gee haar voornemens
te kenne om eers die water huis-toe te gaan bring en daar te bly om
die saak in die dag en gedurende die nagte te oordink. Sy en haar
twee jonger susters slaap in 'n klein klipgrot, wat al aande deur
haar ouers met klippe toegepak word.
In daardie selfde nag kom daar leeus en val die hutte van haar vader
en moeder aan en eet almal op wat daar dié nag geslaap het--net die
drie jongmeide, wat veilig in die grot was, het in lewe oorgebly.
Die jong Boesman, toe hy die oggend oor die hutte vlie, gewaar wat
gedurende die laaste nag plaasgevind het. Hy val uit die lug met
oopgespreide vlerke en kom kyk wat daar werklik gebeur is. Hy hoor
die drie jongmeide in die toegepakte grot praat. Hy roep na hulle en
maak daardie kliphuis vir hulle oop.
Ná hul met mekaar gesels het oor die treurige gebeurtenis, besluit
hy om hulle ook maar in aasvoëls te verander; want dan kan die leeus
hulle nie meer snags vang nie, daar hul dan in bome en klipkranse
kan slaap. Hy verander hul in aasvoëls, want hulle het ook aan die ou
geslag van Boesmans behoor. Hy vat toe die jongmeid vir sy vrou, en
die ander twee susters bly toe by die twee wat met mekaar getroud is.
Hulle vlie toe na die berge en gaan by die ander berg-aasvoëls
woon. Hierdie laaste berg-aasvoëls was ook vroeër Boesmans van die
ou geslag.
Die jongman was altyd baie fluks om te jag; en noudat hy 'n aasvoël
is, is hy nog net so uithaler om wild huis-toe te bring. Die ander
ou berg-aasvoëls het toe daarop lui geword en het naderhand glad nie
meer gejag nie.
Eendag skiet die aasvoëlman (dit wil sê die jong Boesman wat hom in
'n aasvoël verander het) 'n springbok en bring dit huis-toe vir sy
vrou en twee skoonsusters. Maar hulle drie gee aan die ander aasvoëls
ook daarvan. Toe die man terugkom en sien wat daar gebeur het, raas hy
met sy vrou en sê dat die ander berg-aasvoëls maar self kan gaan jag.
Die vrou stry dat dit nie sy is nie, maar wel hulle twee susters,
wat groot maters met die berg-aasvoëls gemaak het. Sy neem toe die
springbokvel, skroei die hare af, kook dit, en sny dit aan stukke. Toe
storm die berg-aasvoëls ook toe en verslind die vel met die grootste
vraatsug.
Toe die man terugkom en daarvan hoor, was hy net boos en praat weer
met sy vrou daaroor. Sy stry en werp die skuld op haar twee susters,
wat so danig maats gemaak het.
Die volgende dag gaan die man weer jag en bring weer 'n springbok
huis-toe. Die ander berg-aasvoëls kom saam met die drie susters eet;
en toe die man dit later verneem, was hy daaroor andermaal danig
ontevrede en praat weer met sy vrou daaroor. Sy, egter, hou vol om te
stry en werp die skuld op haar twee susters. Sy neem dié springbokvel
ook en brand die hare af en kook dit in 'n pot vir hulle drie om te
eet. Dog die berg-aasvoëls wag hulle kans af, storm toe, en in 'n
ommesientjie was alles verslind, waaroor die man later ook ontevrede
was. Dog sy vrou gooi die blaam--nes gewoonlik--op haar susters.
Toe sê die man aan sy vrou: "So kan dit langer nie gaan nie. Ons twee
moet die geselskap verlaat, en jy moet met my saam veld-toe gaan."
Hulle gaan toe die oggend vroeg weg om te jag.
Die berg-aasvoëls en die twee susters was toe raad-op wat die kos
betref. Hulle gaan voor die huise op die klippe sit om raad te hou. Een
sê toe aan 'n ander: "Vlie op in die lug om te kyk waarheen die man en
vrou gegaan is, en bring ons die tyding of hulle wild doodgekry het."
"Nee," antwoord een van hulle, "laat ons die jongste suster stuur
dat sy vir ons die tyding bring."
So vaar die jongste suster ('n klein aasvoëltjie) in die lug op;
sy maal en maal bo in die blou lug. Naderhand vat sy koers in die
rigting wat haar skoonbroer en suster gegaan het. Sy verdwyn in die
verte; en oor 'n hele ruk kom sy terug, val met oopgespalkte vlerke
uit die blou hemelgewelf en gaan op 'n rots tussen die ander aasvoëls
sit. Hulle vra haar wat sy gesien het.
Sy antwoord: "Ek het hulle gesien--daar ver. Die veld is mooi oop
daar waar 'n dooie springbok lê. Maar die beste sal wees dat hierdie
ouer suster van my gaan kyk; dan kan sy vir ons beter kom vertel."
Die ouer suster styg toe op met haar vlerke, draai en draai bo hoog in
die lug, en eindelik peil sy in die rigting waarheen haar skoonbroer
en suster gegaan het. Spoedig was sy uit gesig; dog oor 'n tydjie
keer sy terug, skiet uit die asuurhoogte neer en neem plaas op 'n
groot klip tussen die ander aasvoëls. Duidelik vra die hongerige
pakkasie watter nuus sy te vertel het.
Sy antwoord: "Ek het 'n groot oop vlakte gesien; die stamme van die
bome is hoog kaal. Op daardie vlakte lê 'n springbok dood; en my
skoonbroer en my suster is 'n ent daarvandaan."
Toe roep algar tegelyk: "Goeie tyding, goeie tyding! Kom laat ons op
die daad gaan."
Hulle sprei hulle vlerke oop en trek op 'n tou daarheen. Gou het hul
die springbok kafgeloop.
Die jongste suster sê: "Ons moet 'n dik en lekker stuk vleis vir ons
getroude suster laat staan. Sy het mos nie rusie met ons gemaak nie,
maar wel haar man. Waarom moet ons haar ook straf?"
En die ouer suster roep uit: "Ja, daar sien ek haar aankom. Ja,
dis regtig sy daardie!"
Maar die ander berg-aasvoëls was te uitgeëet en laat toe niks agterbly
nie as net die afgestrookte geraamte.
Toe die man en sy vrou terugkom, vind hul net die geraamte van die
springbok daar. Hulle voel neerslagtig, maar gaan dadelik weer ander
wild soek.
Die ander dag het net dieselfde ding oor gebeur. Die ander aasvoëls
het weer alles opgeëet en net die blote bene laat agterbly.
Die man en vrou het toe ver weggevlie--buite die bereik van hulle
maters; en hulle woon nou saam met aasvoëls wat gesamentlik kos soek.
NO. 28.
ERDVARK, VLAKVARK, KWAGGA EN BOSVARK.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n kort karakterskets van Erdvark
en vertel veral waarom Kwaggas en Vlakvarke saam wei. Die ou
Boesman-verteller sê dat die storie kom van waar 'n groot rivier
sonop loop (waarskynlik die Sambesie).
Erdvark neem vir hom 'n vrou uit die vlakvarke. Hy het nie voortande
nie, daarom is hy skaam en bang dat die ander vir hom sal uitlag; so
soek hy maar sy kos in die nag. Sy vrou weer, Vlakvark, soek haar kos
oordags en wou nie eers met hom trou nie; sy sê: "Ek werk in die dag,
maar snags wil ek slaap."
Hy antwoord daarop: "In die dag wil ek nie rondloop nie, want dan lag
hul vir my groot ore en spot my omdat ek geen tande het nie; maar kom,
gaan maar saam met my: ek sal jou leer om goed in die nag te sien,
daar ons altwee aan die ou geslag behoor."
Sy laat haar ompraat en gaan met Erdvark mee. Hulle gaan toe veld-in
en neem hulle knapsakke saam. Hy grawe boesmanrys (jong miere), en sy
soek veldkos. As hy boesmanrys kry, dan moet sy vir hom die knapsak
kom oophou dat hy die rys daarin kan gooi; maar as sy veldkos afpluk
of uitgrawe, dan moet sy maar alleen die veldkos in haar knapsak sit,
want soveel verstand het Erdvark nie om hand by te sit nie.
Sy praat met hom daaroor; dan maak hy ekskusies en sê dat hy self so
danig besig is, daarom het hy sy plig versuim. Maar naderhand sê hy:
"'n Vrou moet toesien om maar self klaar te kom." Dit het 'n bietjie
stryery veroorsaak, dog alles was weer gou oor.
Hy kry weer boesmanrys, en sy moet weer kom help, en sy doen dit
ewe gewillig. Hulle soek nog verder en kry weer rys. Hy grawe dit
uit; en sy kom hom, soos gewoonlik, help. Daarop stap hulle verder;
onderwyl pluk sy een streek deur veldkos en grawe wortels uit en vul
haar knapsak.
Naderhand was Erdvark se knapsak so vol dat daar niks meer kan
in nie. Voor hul die rys ingooi, krap hul altyd eers die grond en
kluitjies uit en neem net die skoon rys.
Hy sê toe vir haar om die sak andermaal te kom oophou; maar sy
antwoord: "Jou knapsak is al vol al; waar wil ons nog plek kry?"
"Nou bring dan jou karos wat jy oor jou rug dra," was sy antwoord
en bevel.
"Nee," werp sy teë, "dit kan ek nie doen nie; want ons vlakvarke loop
nooit sonder ons rugkaros nie."
"Ek sê jou, bring jou rugkaros hier om die rys op te gooi," was sy
bevel 'n bietjie kwaaier.
"Ek sê jou mos ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugvelkaros
nie! Begrawe maar die rys in die grond en oordek dit met grond,"
was haar besliste antwoord.
"Nou vir die laaste maal: ek beveel jou om jou rugkaros hier te bring
om die rys op te gooi," was die streng gebod.
"Ek kan dit nie doen nie, al wil ek ook; en dan, dis nie ons vlakvarke
se manier om kaalrug te loop nie," sê sy op nog beslister manier.
Erdvark vlie haar by en trek met sy groot naels haar rugvel amper
af. Toe kom haar ingewande uit; sy huil, en hy word bedroef en roep
uit: "Ag my vrou, ag my vrou! Wat het ek gedoen?"
Sy steek haar ingewande in en trek die afgeskeurde lap vel weer op
die plek waar dit was, en sy lê en huil.
En toe dit na dag se kant toe raak, sê die moeder van die vlakvarkvrou
aan haar ander dogter: "Ek het die hele nag 'n stem gehoor--'n stem wat
die wind vir my bring; dis 'n stem van gehuil en jammer gekerm. Loop
kyk of dit nie die stem van jou suster wat by Erdvark is, is nie;
want dit gaan vir my of dit sy kan wees. Jy weet Erdvark is maar
dom en kan nie planne maak nie. Hy het seker weer iets onnosels
aangevang. Toe loop; en kom gou terug en kom vertel wat gebeur is."
Die dogter vlakvark hol gou en was spoedig terug. Sy roep van ver uit:
"Ma, ma, dit is my suster! 'n Stuk van haar rugvel is halfpad afgetrek,
en Kwagga staan by haar."
Die moeder skrik, staan in alle haas op en hol na die plek toe. Toe
sy daar aankom, vind sy Kwagga nog by haar siek dogter staan; en sy
roep van ver uit: "Wat het gebeur?" Al haar kinders het agter haar
aangekom; en ook haar man, wat 'n ent daarvandaan was.
Kwagga antwoord dat dit Erdvark se werk is en dat hy vir Erdvark gekap,
geskop en weggeja het. En die siek dogter bevestig dit. Toe tel hul
haar versigtig op en lei haar saggies na haar moeder haar huis toe,
waar sy lank siek gelê het, maar beter geword het. Dog Erdvark het
sy goed laat agterbly en het nie gewaag om sy vrou weer te kom haal
nie. Van toe af wei die vlakvarke en kwaggas saam.
Erdvark het baie spyt oor die aanval op sy vrou. Hy stap toe rond
van radeloosheid, en hy ontmoet toe vir Bosvark, wat ook in die nag
rondloop. Hy probeer om een van die bosvark-meisies vir 'n vrou te
neem; maar deur hul goed in die nag kan sien en weet wat hy gedoen
het, so wou hul hom nie hê nie, en hulle algar bespot hom, sodat
Erdvark tot vandag toe nog as eensame swerweling snags ronddwaal en
nog altyd besig is om boesmanrys bymekaar te maak. Maar sy knapsak
het hul afgeneem, en nou moet hy alles opeet wat hy uitgrawe.
NO. 29.
HASIE, TINGTINKIE EN UIL.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n karakterskets van Hasie,
Tingtinkie en Uil. Die bygeloof dat Uil dinge vooruit weet,
word hierin verhaal.
Hasie was altyd 'n mannetjie wat op opskep geloer het. Van jag het
hy nooit gehou nie; maar dans was sy voorland. Hy rinkink die hele
nag deur en oordags, wanneer gejag moet word, dan slaap hy sy lyf
uit. Soos die son haas ondergaan, staan hy op, begin weer te baljaar en
is tevrede net met veldkos, wat hy teen sononder pluk. Het hy daarvan
genoeg, dan begin die gejakker weer tot skimmeldag toe. As hy nie sy
veldvrugte kan kry nie, dan is hy met pure gras ook tevrede. Deur
hy te lui is om water te gaan skep, is die dou en sapperige plante
voldoende om sy dors mee te verslaan. Soos die son uitkom, kruip hy
in sy huis, wat hy diep onder 'n graspol of 'n digte bossie maak. Of
anders soek hy 'n ou verlate en vlak erdvarkgat op en kruip daar weg
om sy lyf nie van die warm sonstrale te laat brand nie.
Dat Hasie nou so 'n afgetrokke lewe ly, is hy self die skuld van;
want vroeër het hy net so min van werk gehou. As dit opskeptyd is,
is hy by; aljimmers is hy by die waterpotte, of die springbokpens,
waarin die water gebêre word, en drink hom knuppelversadig. Maar
meegaan veld-toe of waterhaal het nie in Hasie se wit broek gesit
nie. Daarom, waar hy kom, ja hul hom weg; want hy was ook mos die
parmantjie wat gedurf het om met Maan te stry en te weerspreek dat
algar weer sal lewendig word ná hul 'n ruk dood is. Oor hierdie ding
het hul hom baie gehaat.
Nou het ons die ding afgepraat waarom Hasie so verstote in die wêreld
lewe--selfs sy vrou en kinders woon nie by hom nie.
Toe hy so lekker op 'n warm dag onder die koel bossie lê, sien
Tingtinkie hom daar; en hy begin somar met Hasie te korswel en
spot. "Wat slaap jy nog?" vra Tingtinkie. "Dis mos tyd nou vir elke
man om in sy werk te wees. Jag jy dan nie? Wat doen jy om die sous
en soppies van jou vleis te verdien?"
"Aag, moenie met my kom lol nie! As my lyf nie so seer en moeg van
die dans is nie, dan het jou vere lankal in die wind gevlie," merk
Hasie op toe hy sy kop optel en dit weer neerlê.
"Wat, dans? Kan so 'n kiesvol as jy is, dan ook dans?" sê Tingtinkie
met 'n kwint-nadruk in sy stem.
"Gô!" brom Hasie. "Jy noem my kiesvol, maar vergeet jouself." Hy
sit meteens regop en roep uit met spoggerige stem: "Toe, durf bring
jou ramkie hier en klink vir my hier af Die Kwagga wat trippel; dan
kan jy sien hoe ek daardie riel uitkerf." Meteens gee Hasie 'n paar
bokspringe om te wys hoe askoek-slaan lyk en hoe rats hy dit kan doen.
"Ek sal dit so nooit doen om vir Slaap-in-die-Kooi my ramkie op te
mors nie; maar wel vir Jag-in-die-Veld sal ek 'n riel van my lyf af
wegskuiwe," sê Tingtinkie met 'n spotagtige klank in sy stem.
Al wat Hasie hierop sê, was: "A so!" en hy kruip ewe lui weer in sy
huisie onder die bossie in.
Tingtinkie kon Hasie maar nie met rus laat nie--aljimmers is hy daar
om Hasie uit die slaap te wek. So het dit gegaan tot die son sak en
hom skaars maak. Toe kom Hasie se beurt om Tingtinkie, wat nie in die
donker kan sien nie, uit die slaap te hou. Tingtinkie se huisie hang bo
aan 'n hoërige bossie, en elke maal skud Hasie aan die tak. Tingtinkie
skrik, vlie in die donker uit en stamp hom orals teen die bossies
soos hy vlug. Dan neem dit weer 'n geruime tyd om die huisie terug te
vind. Pas is hy daarin gekruip, of hier is Hasie weer; en dit is maar
weer net so--Tingtinkie vlug en fladder daar tussen die takkies rond.
Dag ná dag, en nag ná nag het dié geterg tussen Tingtinkie en Hasie
so voortgeduur, tot Hasie moeg geword het; en Tingtinkie het glad
die stuiptrekkings van al die vrees gekry. Toe weet Hasie met 'n
laggie te vertel dat dit nie hy is wat snags vir Tingtinkie so bang
kom maak het nie, maar dat dit wel Uil is wat dit gedoen het. So kom
arme onskuldige Uil aan die pen. Tingtinkie gaan toe al die voëls
vertel dat dit Uil met sy groot oë is wat vir hulle snags die dood
op die lyf kom ja. Die voëls glo dit ook, en hulle los vir Hasie en
kom Uil in die dag pla en terg.
Nou, die regte ding is nou eintlik só: Hasie was in sy jong dae die
seun wat met Maan gestry het om te sê as iemand dood is, dan is hy
dood en word nie meer lewendig nie. Tingtinkie was in sy kindsdae
baie ongehoorsaam en wou nie altyd na sy ouers geluister het nie,
maar het van die veldvrugte gaan eet waarvan sy ouers hom gesê het
om nie te eet nie. Die gif van daardie vrugte het toe gemaak dat
hy nie meer gegroei het nie; daarom het hy altyd die grootte van
'n kind behou, al was hy naderhand al oud. Uil was 'n ou towenaar;
maar hy het sy bevoegdheid te buite gegaan deur dinge te doen wat
hy moes gelaat het. Toe het 'n groter en magtiger towenaar hom dom
gemaak en het hom so baasgeraak om sy mag te breek en dit van hom weg
te neem. Maar om dinge vooruit te vertel, kon hul van Uil nie wegneem
nie. Uil weet tot vandag toe nog wat daar ver aangaan en wat binne
'n maand sal gebeur. En hy kom dit verseker aan die betrokke persone
vertel deur naby hulle huise te sit en hoe-hoe.
NO. 30.
DIE BOESMAN EN LEEU ONTMOET IN 'N SPELONK.
OPMERKINGS:--Al die storievertellers verhaal dieselfde storie
nie op dieselfde wyse nie. So word in baie gevalle dele van
een storie by 'n ander gevoeg. Wanneer verskillende verhale
met mekaar vergelyk word, dan kry ons min of meer 'n idee hoe
'n storie inmekaar sit. Hierdie storie is 'n karakterskildering
van die gedrag van Leeu.
Leeu behoor ook aan die ou geslag en kan baie fyn planne maak om aan sy
kos te kom. Hy kry eendag, toe die son ondergaan, 'n plan om reën te
maak; hy laat die lug donker toetrek, sodat iemand nie sy hande voor
sy oë kan sien nie. Ja, daardie aand word dit so donker, so donker,
of iemand hom agter in 'n kliphuis in 'n stikdonker nag bevind. Baie
het ook daardie aand glad so verdwaal dat hul hulle huise nie kon
vind nie. En moenie praat hoe dit reën nie!--dit lyk of ou meide en
knopkieries tegelyk uit die lug val.
Een Boesman het glad sy pad verloor. Hy wis wel dat hy naby 'n spelonk,
of kliphuis, was; maar waar dit juis is, dit kon hy op die oomblik
nie sê nie.
Leeu merk toe dat die Boesman na die klipgrot soek. En daar dit so
sterk reën en koud is, hol hy vooruit en gaan die Boesman in die plek
afwag deur agterin te kruip.
Leeu was nat en koud: hy rittel soos hy bewe; en toe hy warm word,
voel hy vakerig en val vas in die slaap, maar bly nog altyd so sit.
Die Boesman, wat nog altyd aan ronddwaal was, kry eindelik die
plek en kruip met sy goed op sy rug voel-voel binne. Maar hy hoor
iemand--miskien meer--hard asemhaal asof hy slaap. Dog die asemhaling
was te hard en diep om dié van 'n mens te wees, so luister hy met
gespanne aandag. Hy kan egter nie met sekerheid verklaar wat dit
is wat so swaar asemhaal nie. Hy besluit om baie saggies nader te
kruip om sy hand effentjies op die persoon of ding te lê. Hy voel
en plaas sy hand op 'n harige iets. Hy skrik; dog om seker te wees,
voel hy nog 'n keer. En, jou waarlik, dit is niemand anders as Leeu
nie--'n tamaai knewel!
Saggies, soos 'n kat, kruip hy terug en stap voel-voel op die puntjies
van sy voete die spelonk uit. Hy het nog nie sy goed neergesit nie,
so het hy nie lank versuim nie.
Hy voel aan sy hart wat nou gaan gebeur: Leeu sal sy ruik kry en
sal hom agtervolg. Daar hy min of meer weet waar hy toe was, kon hy
'n bekende pad volg en moes daar voor deur 'n stroom swem; want Leeu
is maar 'n bietjie vies vir waterstrome.
Leeu skrik wakker toe hy die Boesman se ruik kry. Met 'n geknor en
brul bespring hy die plek waar die ruik nog vars is; hy vang met
sy voorpoot in die donker rond; maar alles wat hy mee in aanraking
kom, is net skone lug. Leeu word woedend en brul binnensmonds, dog
hardop. Dadelik gaan hy op die ruik van die spoor en druk vinnig op
om die Boesman in te haal. Hy kom voor die waterloop, en dis vol. Toe
kry hy 'n bietjie spyt dat hy so danig baie laat reën het. Hy moes
daar lank vertoef om deurgaanplek te kry.
Onderwyl het die Boesman deurgeswem en het met 'n bekende pad voel-voel
in die pikdonker aangedruk om 'n plek te bereik wat hy goed ken. Hy
sien 'n vuurtjie brand en dog dat dit die plek of die oog van Leeu
is wat so sterk in die donker blink. Asemloos steek hy vas, en sy
hart klop tot in sy keel. Wat nou gedoen?
"Dood is ek, dood!" sê hy by homself. "As dit Leeu is, kan ek nou nie
'n steek verder vlug nie."
Naas die Boesman was 'n diep klipskeur; hy breek 'n doringtak af,
kruip in die skeur en trek die tak voor hom in die skeur sodat Leeu
hom nie kan bykom nie.
Hy het nie te lank gelê nie, of hy kom tot die oortuiging dat die
lig wat hy sien, 'n regte vuur is; want hy het dit altyd in die oog
gehou. Maar om nou te vlug om daardie vuur te bereik, is nie aan te
dink nie, daar Leeu nou te baie tyd gekry het om hom in te haal. Dis
bitter koud, hy voel nat; maar wat anders kan hy doen as om tot dag
toe in daardie donker skeur te lê?
Pas het die gedagte deur sy hart gegaan, of die flou maan skyn deur
die wolke en maak 'n grou lig--en hier staan Leeu regtig met sy
twee blink oë vlak voor die skeur. Hy roep: "Kom uit, of ek kom jou
daaruit sleep!"
Die Boesman kruip nes Skilpad in sy dop--of liewers gesê: in die
klipskeur. Dis 'n benoude uurtjie.
Gits! hier hoor hy 'n geritsel agter hom--daar is nie takke om te
keer nie. Hy draai sy kop haastig om, en toe sien hy 'n syskeur; en
daar skyn 'n dowwe lig in. Hy hoor stemme van Boesmans; en toe kruip
hy dieper in, kronkel hom in die sygangetjie en sien 'n groot opening
met 'n ander inkomplek. In die groot opening brand 'n heerlike vuur,
waarby twee Boesmans, wat ook verdwaal het, lê en slaap. Maar hulle
het ook vir die gebrul van Leeu wakkergeskrik: hulle sit nou regop
en gryp na hulle pyle en boë.
Die Boesman in die skeur praat toe gou om te laat verstaan dat hy
nie Leeu is nie. Het hy dit nie gedoen nie, dan was hy so waar 'n
kind van die dood; want die twee by die vuur sit net klaar om met
hulle gifpyle in die skeur in te skiet waarin hy gekruip het. Hulle
was bly om mekaar in so 'n gevaarlike oomblik te ontmoet.
Die vuur word groter gemaak om meer lig te gee en om stompe vuur te
kry om Leeu mee te gooi as hy durf nader kom. Leeu het ook nie gewag
nie: hy het om die klipstawel van groot rotse kom loer, dog was baie
bang om die Boesmans by die brandende vuur te storm: vuur is sy moses.
So roep hy uit: "Stoot daardie man uit wat gedurf het om my in my
huis te kom pla; hy is hier, want sy spore hou hierso op!"
"Kom haal jy hom maar self hier uit as jy man genoeg is om hom hier
uit te kom vat," sê die ander twee by wyse van grootpraat.
Leeu blaas deur sy baard--so woedend word hy; dog hy staan uit vlakte
se kant toe, want hy is vir daardie stompe vuur net so versigtig as wat
'n slang vir pypolie is. Hy stap toe sonder om geraas te maak daar ver
om die plek en hou hulle gedurig dop of hulle nie huis-toe sal gaan
nie, of 'n onbedagte oomblik hom nie 'n kans sal gee om tussen hulle
in te spring, een te pak en met hom weg te stap nie. Maar daarvoor is
oom Boesman te oulik: hulle bly by die vuur sit, al het die brandhout
amper opgegee--en huistoegaan is nou net min by hulle.
Toe die son uitkom, stap Leeu nog daar ver om die klipkoppie; dog
toe die aarde heeltemal onder die gloed van lig lê, stap Leeu ewe
teleurgesteld na sy huis toe in die digte bosse of riete; want so
dapper as hy is, sal hy dit nie somar waag om 'n man in die helder
daglig te kom pak nie. Dit het die Boesmans in die geleentheid
gestel--toe Leeu 'n ruk weg was--om ook na hulle huise en gesinne
toe te gaan. En daar was groot blydskap.
NO. 31.
SLANG EN SKILPAD IS BROERS.
OPMERKINGS:--In hierdie storie word die leefwyse van Slang en
Skilpad in 'n karakterskets weergegee. Hierdie verhaal is ons
meegedeel deur 'n Transvaalse Boesman.
Daar was twee ou Boesmans van die ou geslag. Elkeen het 'n seun
gehad. Maar die seun van die een was 'n onnut; en die seun van die
ander was knap met jag, en hy kon mooi dans en ramkie speel. Dit
het die jaloersheid tussen die ouers van die twee seuns gaande gemaak.
Eendag kry die een vader--nl. die vader van die onnuttige seun--die
goeie seun in die veld alleen. Hy pak hom met verraad, sny die arms
en bene van die goeie seun af, vat sy mooi gebreide karos en gee hom
'n ou stuk harde buffelvel in plaas daarvan. Die ou stap toe weg en
vertel niks daarvan aan die ander Boesmans nie.
Die goeie seun het toe nie meer arms en bene waarmee hy kan jag,
dans en musiek maak nie. Hy moes maar so goed of sleg as hy kan,
rondkruip en toe maar van veldkos lewe. Hy het baie verdrietig gevoel
en het baie spyt van sy mooi karos, en nou moet hy met die hardgeworde
koue buffelvel klaarkom. Hy het toe die groot Bosveldskilpad geword.
Die vader van die goeie seun gaan sy kind oral rond soek. Hy kry wel
vir Bosveldskilpad, maar hy ken hom nie; ook het hy nie geweet dat
dit sy kind is nie.
Dieselfde ou Boesman kry weer 'n seun; maar daardie seun was 'n
kwaaikop en nie so sagsinnig as sy broer nie. Aan sy ouers was hy
wel gehoorsaam; maar van die vader van die onnuttige seun wou hy niks
verdra nie, dog hy was darem versigtig vir hom en bly uit sy pad.
Die vader van die stout seun was 'n ou towenaar-man en reënmaker. Ook
kon hy hom in enige ding verander, net soos hy lus kry. Hy verander
hom in 'n pragtige voël, wat rooi en geel, blou en groen, wit en swart
vere het. Hy gaan daar in die veld op 'n boom naby die jongste broer
van Skilpad sit en sing. En hy pronk met sy mooi vere.
Die jong broer sien die mooi voël wat so pragtig sing; hy kry somar
gedagte dat dit die ou towenaar-man moet wees. Hy staan stil om te
kyk of daar kans is om hom met pyl en boog dood te skiet. Hy bekruip
die voël en kom digby.
Dis net wat die ou towenaar-man wou gehad het. Hy vlie van die boom af,
verander hom in die ou Boesman, en pak die jong broer van Skilpad en
sit hom onder.
Hy sê toe: "Jy sien die son daar! Jy moet nou mooi kyk hoe hy lyk;
want dis die laaste dag dat jou parmantige oë hom sal sien en dat
jou parmantige mond sy naam sal noem." Hy sny toe die kop van Skilpad
se broer af en sny hom van onder na bo in twee stukke, sodat aan die
een stuk 'n arm en 'n been bly, en net so aan die ander stuk liggaam
van die broer van Skilpad. Hy laat die twee stukke so lê en stap weg
sonder daarvan aan andere iets te sê.
Die son gaan onder, dit word donker, en die maan kom uit. En Jakkals
kom by die stukke liggaam om daaraan te eet. Maar Maan, wat self al
maande lewendig word, giet van sy dou op die twee stukke; en die
been en arm van elke stuk rek hul uit, en elke stuk word 'n lang
Bosveldslang. Albei slange staan somar met Jakkals reg; hy vlug,
en die twee slange begin toe rond te seil, iedereen sy eie koers.
Die vader word onrustig toe sy ander seun ook nie huis-toe kom nie;
so gaan hy hierdie slag ook weer soek. Hy kry die groot Bosveldslange;
hy ken hul nie en weet nie dat dit sy ander seun is nie. Van toe af
het hy geen seuns meer nie.
Maar Skilpad het geweet dat hul sy broers is; so maak Slang en Skilpad
tot vandag toe nie rusie nie.
Eendag loop die stout seun van die ou towenaar-man in die veld rond;
hy sien vir Skilpad en tel hom op om hom te gaan braai. Dog een
Bosveldslang sien dit; hy bekruip die onnuttige seun, woel sy lang
lyf om die stoutert, druk van sy ribbe stukkend, spuug hom nat met
sy slym, en begin die onwettige seun van die voete af in te sluk.
Maar die stoutert het nog so veel krag besit om stadig sy een been
opsy te trek, sodat Slang nie albei bene gelyk kan insluk nie. Slang
begin die stout seun van die voet af in te sluk; en toe hy die een
been heeltemal ingesluk het, toe eers gewaar hy dat die ander been
nog buite is. Hy spuug die been weer terug, draai die onnuttige seun
weer bymekaar en wou weer van die voete af begin te sluk.
Dog andermaal trek die seun sy een been opsy, sodat Slang hierdie
slag weer net een been te pak kry. Toe Slang die een been binne het
en nie verder kan sluk nie, stoot hy weer die been terug uit sy bek
en begin weer die twee bene naas mekaar te plaas.
Net toe kom die towenaar-man sy seun soek; hy kry hom net toe Slang met
hom besig was. Toe Slang dit gewaar, staan hy met die ou Boesman reg;
dog die ou man raak Slang baas en maak hom dood. En op hierdie manier
was hy net in tyd om sy stout seun van die dood te red. Dog daardie
seun het sy hele lewe mankoliek gebly: hy het altyd skeef geloop.
Skilpad het dit alles stilswyend aanskou. Hy is weerloos--dit wil sê
hy kan hom nie verdedig nie, anders as net om in sy dop te kruip as hy
gevaar bespeur. So het hy met hierdie gedoente gevlug en hom onder 'n
bossie gaan wegsteek. Sy famielie ken hom nie, so stap hy maar treurig
en eensaam deur die veld alleen. Hy leef van veldkos en drink dou en
die sop van sapperige plante en het glad verleer om water te drink;
want as hy op 'n baie warm dag by water kom, dan druk hy somar sy
hele kop onder die water om te drink.
NO. 32.
LEEU, WOLF EN JAKKALS.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n duidelike skildering van wat
Leeu, Wolf en Jakkals doen as hulle wild vang.
Leeu is ook een van die ou geslag; daarom is hy Leeu. Sy maters om te
jag, loop maar min rond. Hy is man! Ek sê: hy is man! Wolf kan ook jag,
hy kan ook iets in die hande kry; maar waar Leeu nog bly staan en sê:
"Durf nader kom!" daar het Wolf al lankal rieme neergesit en gehol
dat hy klein word. Van Jakkals is nie eens te praat nie! Hy is 'n
bedelaar, hol vir die kleinste geritsel en kan dan sulke fyn draaie
om die bossies maak dat hy somar hierso-hierso by jou wegraak.
Eendag toe die son ondergaan, staan Leeu van sy slaapplek op, rek
hom ewe lui uit en begin teen die wind op te snuiwe. "Arrie, vrou,
ek ruik kwaggas--ek ruik hul hier naby; toe kom jy en die kinders maar
agter my aan en hol nader net so gou ek die kwagga teen die grond het."
Hy stap teen die wind op; en toe hy die kwaggas deur die bome en bosse
sien wei, gaan hy koes-koes nader en gaan hul voorlê. Toe die Leeu-vrou
dit sien, weet sy haar tyd: sy gaan saggies om, maak die kwaggas skrik;
hul vlug, en daar het haar man 'n kans. Hy spring uit sy skuilplek op,
en met een spring sit hy bo-op 'n kwagga. Hy slaan sy naels diep vas
in die vel en pak sy prooi met die tande agter die nek, sodat hy die
dier teen die grond laat val. 'n Worsteling vind plaas, en die wyfie
kom by. Dit het nie lank geduur nie, of hy was oorlede kwagga.
Toe storm die twee of drie kinders by: hulle brom en knor so woedend
asof hulle die wild gevang het. Die twee oues skeur die vel van die
kwagga plek-plek weg om vir hulle en die kleintjies vreetplek te kry;
dit is nie eet nie, maar wel gulsig vreet.
Wolf en Jakkals, wat toe ook al by hierdie tyd op die rondsnuffel is,
het gou die bloed geruik, die rumoer van die kleintjies gehoor--en
hulle draf nader.
"Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook 'n stukkie," vra Wolf.
"En vir my ook 'n stukkie," smeek Jakkals.
"Wat praat julle daar? Die kinders raas so dat ek vir julle nie kan
verstaan nie. Kom nader," sê Leeu met 'n knik in sy oog, asof hy wil
sê: "Durf tog asseblief nader kom, dan kan julle sien hare waai en
hoor huil en tjank."
Die twee waag dit; hulle kom stert tussen die bene smeek-smeek aan,
dog voel darem nie alte perdgerus nie.
"Waau! Haau!" was al wat Leeu sê toe hy probeer hoe diep hy sy naels
in Wolf se vel kan inploeg. Wolf huil en vlug.
Jakkals sê net: "Die deksels!" en staan daar ver op die vlakte.
Wolf staan te huil: "Hoe-hoei! Hoe-hoei!" toe hy sien hoe manhaftig
Leeu hom staan nakyk, tong aflek en weer gulsig gaan vreet.
Jakkals het dit op sy senuwee, en in die verwarring staan hy te tjank:
"Haaa ... eina! Soe-eina!" en dan begin hy meteen in 'n lag deurslaan:
"Ha-ga-ga! Ha-gè-gè, ha!"
(Die Boesmans kan die geluide beter naboots as ons dit kan neerskrywe.)
"Oe .. è! Oe .. e!" brul die oues binnensmonds. "Njirr, njirr! Ma-au,
ma-au!" knor die kleintjies soos hulle dreig. ('n Klein leeutjie meeu
net soos 'n kat.)
Wolf staan kop in die lug en huil. Hieroor vererg Leeu se vrou haar,
en sy maak 'n draai onder Wolf en die tjankende Jakkals, wat by
hierdie tyd gaan sit het en kop in die lug met uitgesteekte tong sit
tjank--maar sonder trane.
Die twee neem 'n vaart veld se kant toe dat die bossies so kraak. Dog
toe hul die wyfie weer aan vreet sien, kom hul voetjie vir voetjie
nader en snuiwe in die lug of hul betaal word. Maar kans kry om
'n lekkie te steel, is net verniet.
Jakkals en Wolf het toe al hotkant-toe en toe haarkant-toe gestaan;
maar nou ja die groot lus hul somar alkant-toe. Hul moes maar behoorlik
wag tot Leeu en sy gesin klaar met eet het en versadig wegstap om
onder die naaste boom te gaan lê om te kyk wat nou gaan gebeur.
Toe draf Wolf en Jakkals gulsig nader en val weg.
"Hier, jou kring!" roep Wolf teen Jakkals uit, "wie het jou
verlof gegee?" En Wolf hol al agter Jakkals om die aas, hap-hap na
hom. Plek-plek byt hy raak; maar mees hap hy net die lug raak; en
wat nie weghol nie, is Jakkals.
Leeu kom onopgemerk saggies op die puntjies van sy vier voete en vlie
onder die twee rusiemakers in en roep uit: "Wat is dit hier met julle
twee te doen?" Jakkals kry 'n paar skrams krappe, en Wolf kry genoeg
daarvan om sy hare te laat waai--en daar spaander hul. Leeu se vrou
bars uit van lag, en die kinders skater en rol van die pret.
Leeu brul deur sy baard, gee 'n paar lekke aan die bloed en gaan weer
by sy vrou en kinders onder die boom lê.
Ná Leeu en sy vrou vir Wolf en Jakkals genoeg tempter het, laat hul
die twee maar hulle eie gang gaan. Wolf sien toe dat dit hom beter
betaal om sy lyf by die vleis en murgbene te weer as om Jakkals
daarvan weg te hou.
Jakkals, weer, weet goed dat dit hom nie betaam om te naby Wolf te
eet nie. Hy is mos 'n bedelaar en lewe van bedel; daarom gaan hy sit,
hou sy kop in die lug, steek sy tong uit en sit dan te tjank om sy hart
in verdriet uit te stort. Maar nou hou hy een oog op die aas om te kyk
waar die lekker vleisies en seninkies sit, en die ander oog hou hy op
Wolf gerig om te loer wat dié doen. Al wat hy voor te sôre het, is net:
as Wolf eenkant van die aas eet, dat hy dan aan die ander kant wei.
Ja, dat hul nou so slim is, is omdat hul eers ook Boesmans gewees
het wat nou Leeu, Wolf en Jakkals geword het.
NO. 33.
DIE BOBBEJANE EN APE.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is miskien nie een van die oudste nie;
want dit kry met witmense te doen. Ons verhaal dit egter net soos
die ou verteller dit aan ons meegedeel het. Dit skilder sekere
karaktertrekke van bobbejane en ape af.
Wat lyk tog meer na die menslike geslag as bobbejane en ape? Dit kan
ook nie anders nie, want hul is ou Boesmans van die ou geslag wat
vir hulle in daardie diere verander het.
'n Bobbejaan is amper so slim as 'n mens. Hy kan net tot soveel tel as
'n Boesman, naamlik tot drie--verder gaan dit onder die naam van baie
(of soos die Boesman dit uitdruk: nie min nie). As die bobbejane
gaan kos soek, dan gaan 'n oue bo-op 'n hoë plek sit om skildwag te
hou. Soos hy onraad gewaar, moet hy alarm maak. Kom daar gevaar en hy
skree nie, bewaar dan sy gebeente as die ander hom weer in hande kry,
dan moet hy krul! 'n Bobbejaan hou gedurig sy oë op sy kinders as
hul saam met die klomp wei; vir die geringste oortreding of skynbare
foutjie moet die stof uit sy hare vlie. Ja, bobbejane is strenge
ouers en sien niks deur die vingers nie. Maar hulle is soms onbillik
teenoor hulle kinders; want as die kind 'n lekker stukkie kos kry,
soos 'n skerpioen waarvan hy die stert afgepluk het, dan pak die pa
of ma hom agter die nek, steek die voorvinger in die kind se mond
en grawe die lekker stuk kos uit die kind se kiessakkie en eet dit
self op--vandaar dat die kind so hard skree as hy weerstand bied,
sodat die bergklowe daarvan dreun.
Ape, weer rig ander spektakels aan. Hulle is nie so raserig as
bobbejane nie. Hulle woon graag waar hoë bome is en waar water naby
is. Vlug hul in bome, dan kyk hul eers waar hulle kinders is, en roep
is genoeg vir die kind om aan die moeder vas te klou as sy die takke
inspring; en hulle steek hul dan agter dik takke weg. Op die weiveld
kry die arme kinders nie so baie slae nie; dog hulle moet deeglik
na hulle pasoppertjies kyk, of dit mis nie dat hul 'n pluk aan die
stert of 'n oorkonkel kry nie. Eer hul hol, staan hul regop op hulle
agterpote rond te kyk.
Daar het eendag jagters van die sononder-kant (van die see-kant)
gekom, en hulle het 'n Boesman-kind gevang en met hulle saamgeneem
huis-toe. Die jagters was witmense, en hulle het die Boesmantjie
Jantjie genoem, en hy het lank by hulle gebly.
Jantjie was maar 'n Boesman en het eers nie kan verstaan dat sekere
goed net aan een persoon mag behoor nie: by Boesmans is net sy pyle
en boog, sy vrou en kinders, sy velle en kieries syne, verder behoort
die grond, die wild, die veldkos en water aan algar saam. So het
Jantjie ook gedog toe hy by die witman kom, dat hy net maar kan vat
wat sy oë sien. Hierdie ding wou die witman nie toelaat nie, wat tot
gevolg gehad het dat Jantjie se sitplek baiekeer vir hom warm gemaak
geword het. Hy maak toe later plan om weg te loop, en dae tevore pak
hy stilletjies kos in sy knapsak. Hy steel brood, meel, koring, vleis,
vis en net wat hy skelm-skelm in hande kan kry--vernaamlik tonteldose
en vuurslae, messe en tabak.
Die landstreek waardeur hy moes terugvlug, was deur ape en bobbejane
bewoon. Die ape het langs 'n groot rivier gewoon en was glo ou Korannas
wat ape geword het. En die bobbejane het in die ranteveld geboer en
was glo ou Boesmans wat in bobbejane verander het, wat nou net van
veldkos en goggas lewe.
Toe Jantjie by die rivier kom waar die ape woon, sien hulle hom. Die
een sê aan die ander: "Kom ons loop die man voor: hy dra goed; laat
ons hom doodmaak en die goed afneem."
"Toe, toe, kom ons gaan!" skree algar gelyk, en hulle met hulle
vrouens en kinders hol die man voor. Hulle was baie--nie min nie--,
en Jantjie was alleen.
"Wat moet ek nou doen?" vra Jantjie homself af; want vir 'n aap kan
niemand padgee nie.
Die kinders sien koringkorreltjies uit 'n klein gaatjie in die sak
val; hulle tel dit gretig op en roep uit: "Maak hom dood en gee vir
ons die lekker pitjies wat in daardie sak is!"
Die ou ape gryp latte en woel onder die kinders en sê: "Julle is
kinders; moet julle só teen 'n man praat? As die goed moet verdeel
word, dan vat ons grotes dit, en nie julle kinders nie." En die
ape was verder net parmantig met Jantjie, en hy wis nie vooruit nog
agteruit nie.
Weer roep 'n kind uit: "Gee vir my daardie blink ding wat net soos
'n ster blink (die blikemmertjie)."
Die kind kry 'n pluk aan sy stert om sy mond te hou.
Toe Jantjie hoor van "blink ding," toe kry hy somar gedagte dat
ape bang is vir 'n groot geraas. Hy kry moed en begin met die ape
te korswel en spot. Hy vra: "Waarom is julle bakkiese so swart? Kan
julle dit nie was nie? Kyk, net bokant julle oë is die vel nog wit
as jul julle oë so agtertoe ooprek."
Dit maak die ape woedend, en hulle roep uit: "Kom, storm hom!"
Meteens slaan Jantjie op die blikemmer en maak 'n
duisenddaalder-lawaai. Die ape skrik en vlie kortom; die kinders
tjank, die oues die roep boontoe en skeur die veld vorentoe. Hulle
vlug die hoë bome in, en so kry Jantjie kans om te ontvlug. Voor hy
stap, maak hy die emmertjie vol water en koes toe na sy ou huis toe.
Van hier lê sy pad deur die ranteveld, waar die bobbejane woon. Dit
mis ook nie: 'n ou skildwag het hom gou gesien aankom. Hy roep uit:
"Daar stap 'n man met goed agter sy rug!" Algar staan op hulle
agterpote; sommige gaan sit om te kyk. Hulle gewaar hom.
"Kom ons gaan hom voorkeer!" roep algar gelyk uit, ná hul nogmaals
op hulle agterbene gestaan rondkyk het, en ná hul Jantjie nog gewaar.
Toe die oues by hom kom, volg die wyfies en kinders in 'n trein agter
die ou mannetjies aan, en hulle kom ook kyk. Hulle was ook nie min nie,
en Jantjie was nog alleen.
Jantjie skrik en word somar bang; want daar was baie groot knewels
onder hulle. Hy vlug in 'n boom. Nou kan hy nie op sy blikemmertjie
slaan nie, want dit is vol water; en gooi hy die water weg, dan sal
hy swaar dors kry, en wat maak hy dan?
"Wat dra jy daar?" vra die ou grotes, en hulle sê: "Gee dit vir
ons!" Daarop wil hul somar die boom inklim om die goed af te neem.
Jantjie moet nou 'n ander plan smee; en ná hieroor en daaroor gou te
dink, kry hy 'n goeie plan, daar hy weet dat bobbejane baie bang is
vir gewere. Hy word toe geruster.
"Pa, pa!" roep die kleintjies uit, "die man het so 'n mooi ronde kop;
maak hom dood en gee vir ons die kop om mee te speel; want dit lyk
so hard en sal nie gou breek nie."
"Sal jul julle monde hou! Julle is kinders, en hoe durf julle so van
'n uitgegroeide man praat?" merk die ou skildwag op toe hy oorkonkels
en oorwakse regs en links uitdeel.
Die kinders sit 'n keel op en tjank dat die klowe daarvan antwoord
gee. Die moeders hol toe en pluk die kleingoed aan die ore en hare,
en die geskree word nog eens so lewendig.
Jantjie begin toe die bobbejane uit te koggel, en met 'n laggie sê hy:
"So 'n klomp lelike gevrete het ek nog nie so naby my gesien nie. En,
o, kyk hoe lyk julle oogbanke! Nes 'n krans aan die voorkant van
'n rant. Ga, ga, ga!
Arrie, staan tru met julle plat en agteroor voorkoppe!" Hy lag dat
hy so skud.
Dit maak die bobbejane nog 'n bietjie nydiger, en hulle storm somar
die boom om Jantjie daaruit te pluk.
Toe roep hy: "Boer, boer, bring jou roer! Hier is die lelikerds wat
jy na soek--kom gou!"
Daar was toe nie skildwagte uitgesit nie, so weet hul nie hoe die
wêreld rondom lyk nie. Dus, sonder om nog rond te kyk, kies hul koers
na die bergkranse toe om daar te gaan sit "Hoggem! Hoggem!" Onderwyl
ontvlug Jantjie na sy huis toe.
NO. 34.
DIE SONBESIES EN KRIEKIES.
OPMERKINGS:--Hierdie storie vertel die geskiedenis van die
Sonbesie, wat in die Boland "boomsingertjie" en in die Karoo
"doringbesie" heet.
As iemand vir sy kinders baie ly, dan het die pa of ma die kind ook
baie lief. En gaan sulke kinders dood of dwaal hul weg in die veld,
dan treur hulle ouers net baie oor hulle. Dit was die geval met
'n ou Boesman en sy vrou.
Hulle het nog maar een kindjie gehad--'n klein jongetjie. Die vader en
moeder gaan eendag boesmanrys (jong miere) grawe, en hulle neem die
kind saam. Die kind raak vas aan die slaap; die moeder haal hom van
haar rug af, bind hom in haar rug-karos en lê hom in die skaduwee
onder 'n bos. Sy en haar man was druk besig om boesmanrys uit te
grawe. Hulle was so druk aan grawe dat hulle oë net by hulle werk bly.
Meteens sien hul 'n leeu by 'n hartbees lê. Hy was reeds versadig
geëet; hy staan op en stap reguit na die kind wat onder die bos vas
aan slaap is. Hy tel die karos met die kind op, stap daarmee weg en
gaan daar naby onder 'n boom naas die kind lê en stert roer. Hy het
gedog die kind was dood; daarom hou hy net die ouers in die oog om
te sien wat hulle sal doen.
Die moeder wou 'n beroerte van die angs kry. Die vader het net nog
drie gifpyle by hom en daarmee moet hy spaarsaam omgaan. Hy koes weg
en kruip so plat op die grond as hy kan, tot by 'n dik boomstam. Hy
hou hom baie smal, en kruip nader na die boom toe. Die leeu het hom
toe nog nie gewaar nie; maar hou een streek die moeder in die oog.
Maar toe die vader by die dik boomstam kom, gryp hy so rats as 'n aap
die bobbejaantou wat teen die boomstam oprank; hy klim wat hy geleer
het, om buite die bereik van die leeu te kom.
Dog die leeu het hom toe gewaar; hy staan op en swaai sy stert heen en
weer, en hy storm die boom. Die vader klim haastiger; die bobbejaantou
ruk bo los, en die vader kom 'n ent teen die stam af; maar gelukkig,
die tou bly bo vas. Maar tog, die vader het soveel gesak dat die leeu
hom 'n raps met sy naels oor die voet gee, en die bloed stroom.
Toe die vader bo in 'n mik van die boom sit, vat hy korrel met sy pyl
en boog; hy skiet op die leeu, dog die pyl skram teen 'n takkie weg,
en dit was mis. Nou het hy nog net twee gifpyle.
Die leeu hap na die pyl, begin te brom en kort brulle te gee. Toe
word die kind wakker en begin angstig te huil. Die leeu wil daarheen
hol; maar die vader maak asof hy wil afklim, en maak 'n lawaai en
gooi sy karos neer. Die leeu vlie kortom en pak die karos. Toe neem
die vader mooi sy kans om te skiet, dog weer skram die pyl teen
'n takkie weg, want die plek waar die Boesman in die boom-mik sit,
was maar bra ongemaklik.
Hy het nou nog maar net een pyl, en daarmee moet hy omgaan asof dit
die kosbaarste van alle kosbaarhede is. Weer maak hy 'n groot lawaai
om die aandag van die leeu te trek; die leeu kyk op met oop bek. Nou
het hy 'n pragtige kans, waarvan hy sonder versuim gebruik maak;
en hy tref die toornige dier met die gifpyl diep in die keel.
"A, nou het hy sy pruimpie binne!"
Hy brul en gaan te kere. Dog die Boesman maak elke keer of hy wil
afklim, om die bose dier daar te hou. Dit duur nie lank nie; die
gif van die pyl trek, en die leeu slaan neer toe hy 'n paar tree
weggestap het.
Toe die vader uitroep: "Nou is die leeu dood!" toe spring die moeder
van haar wegkruipplek op, en hol na haar kind, wat nog al die tyd lê
huil; want hy was nog baie klein. Sy gryp hom en hol al wat sy geleer
het, reguit huis-toe. Die vader het die leeu afgeslag; het soveel
vleis as hy kan dra, huis-toe gebring; en het toe weer die ander vleis
dadelik gaan haal; want 'n Boesman eet enige ding--tot slange toe.
Wel, jare het verstryk; en die moeder het weer 'n kindjie--'n meidjie
hierdie slag. Toe die meidjie al kan rondspeel, gaan die moeder daar
by die fonteinplek matjiesgoed sny om matte van te maak. Die kind het
daar rondgespeel; sy het te naby die gat water biesies gepluk, en die
watergees het uitgekom en het die kind in die gat water ingetrek. Die
kind huil; die moeder hoor dit, en sy spring in die water om haar kind
te red. Sy het met groot lewensgevaar met die watergees geworstel;
dog sy red haar kind en swem met die meidjie, uitgeput en halfdood,
kant-toe. Daarop hol sy huis-toe en laat alles in die steek. Sy was
verskrik, maar tog baie bly.
So kan ons sien, die vader en moeder het groot gevare oor hulle kinders
uitgestaan; en daarom het hulle die twee kinders so liefgekry. En
die kinders, aan hulle kant, was baie gek na hulle dapper ouers;
daarom was hul so gehoorsaam.
Die vader kon baie mooi viool speel, en die moeder het geleer om die
ramkie goed te speel. Hulle het dié musiekinstrumente van springbokvel
gemaak, wat hul eers haaraf gemaak, skoon uitgeskraap, en toe oor
'n kalbasdop getrek het. Die snare het hul van die derms van die bok
gemaak, en die strykstok van die sterthare van 'n kwagga.
As die ouers so speel, dan kom die twee kinders voor hulle ouers dans;
en dit was vir algar, o, tog te mooi. So het hul baie plesierige aande
en nagte om die veldvuur deurgebring--vernaamlik as die vader die dag
'n goeie jag gemaak het.
Eendag was die twee ou volk nie fris en op hulle stukke nie; hulle
stuur toe die twee kinders veld-toe om veldkos te soek en te bring. Die
kinders bly lank weg; toe die son ondergaan, was hul nog nie terug
nie, en toe word die twee ouers net ongerus. Hulle roep en skree;
maar wat nie antwoord nie, is die kinders.
Die ander dag het hulle gaan soek, die dag daarop, en die dae daarna,
maar vind niks nie--die kinders is spoorloos tot vandag toe nog
weg. Andere help soek, dog alles tevergeefs! Hulle roep en roep,
skree en sing, speel viool en ramkie, maar alles verniet: daar kom
geen antwoord nie. Die vader en moeder het later meer kinders gekry,
en die kinders help ook nou om na hulle boetie en sussie te soek.
Die vader gaan toe na Hamerkopvoël, wat alles in die water kan sien,
en vra hom waar sy twee vermiste kinders is. Hamerkop het in die
water gekyk, en hy kyk vandag nog; maar hy verklaar dat hy hulle nie
kan uitvind nie, dog raai die vader aan om maar aan te hou roep. Hy
moet in die dag soek, en sy vrou dit in die nag laat doen.
Die moeder gaan toe na Uil, wat 'n groot towenaar is, wat kan vertel
wat gebeur het en wat nog sal gebeur. Uil het sy dolosse gegooi, hy
sit diep oor die saak te dink; maar sy dolosse en sy verstand staan
hier stil. Hy raai haar ook aan om maar in die nag te roep en soek
en haar man dit in die dag te laat doen.
Hierdie huisgesin treur baie; hulle eet min, want hulle harte is seer
van verdriet en al die huil en roep. Die vader en sy seuns soek en
roep nou in die dag, terwyl die moeder en haar dogters in die nag
soek en roep.
Hulle het van verdriet so uitgeteer dat die vader en sy seuns nou
die sonbesies is, en dat die moeder en haar dogters nou die kriekies
is. Die leeu en die watergees is nou die ongediertes en visse wat
goggas vang.
Die sonbesies sing en soek vandag nog oordags.
En die kriekies sing en soek vandag nog oornags.
NO. 35.
LEEU EN WOLF EET OOR EN WEER.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is om iemand te leer om vir kos nie
suinig te wees nie. Daar kom 'n dag dat hy net so verleë raak en
slegter daarvan afkom as wat hy die honger persoon behandel het.
Wolf was die hele nag uit op die jag, maar was baie ongelukkig om
geen wild op die lyf te loop nie. Teen dagbreek se kant toe kry hy
Leeu se spoor, en hy volg dit; want hy weet Leeu is 'n gelukkige man
en kry altyd kos.
Leeu het 'n kwagga gevang, het hom versadig geëet, en lê 'n entjie
daarvandaan teen 'n bos. Wolf voel somar bly in sy hart om nog vleis
aan die kwagga te sien; want dit was te veel vir Leeu om in een slag
op te eet.
So begin Wolf meteens om 'n gesellige praatjie met Leeu aan te knoop;
hy vertel dat hy na sy broer gaan kuier het, dat hy die broer nie
tuis gekry het nie, so het hy weer na sy siek suster gaan kyk; maar sy
was toe reeds lankal dood. Nou is hy haastig om by sy huis te kom. Hy
vertel toe dat met die afwesigheid van sy gesin van huis het hy daar
niks te ete en te drinke gekry nie.
"En nou is jy seker honger?" vra Leeu.
"Dis nie altemitters nie," was Wolf se antwoord.
"Ja, dit spyt my; maar wat kan ek daaraan doen," sê Leeu.
"En daar lê dan nog meer as 'n halwe kwagga," merk Wolf op.
"Ja, maar dit moet ek vir my vrou en kinders hou," werp Leeu teë,
toe hy hom ewe lui en versadig uitrek.
Wolf kyk na Leeu, kyk na die kwaggavleis en kyk weer met 'n watermond
terug na Leeu en vra: "Is daar dan nie vir my 'n paar murgbene nie?"
"Kom, sê my eers, waar woon jy?" vra Leeu.
"Dis nie so ver van hier nie--daar onder daardie krans in die
wolwegate," was die vriendelike antwoord.
"Kry jy daar baie kos?" vra Leeu weer, net om die tyd om te praat en
om Wolf nog meer lus te maak.
"O ja, kos genoeg! Die een dag volop en die ander dag weer minder;
maar altyd genoeg om vet op te bly," antwoord Wolf.
Leeu draai sy kop en kyk daar dié kant en gee geen antwoord nie. Hy
luister wat Wolf nou sal sê en wens dat hy maar moet loop.
Weer praat Wolf na die kos se kant toe en vra of die kwagga vet is
en of Leeu hom maklik in die hande gekry het, en hy spreek verder die
wens uit dat hy graag van die murg sal wil proe as Leeu hom maar net
wil toelaat.
Leeu vertel dat hy die kwagga baie maklik gevang het en sê: "Bly
hier lê, dan gaan ek vir jou van die murgbene haal. Bly hier, hoor
jy! Versit jy een voet uit jou spoor, dan draai ek om en jy kry niks
nie," sê Leeu toe hy wegstap kwagga-toe.
Leeu gaan wél 'n murgbeen haal; maar watter soort? Hy bring een waarvan
hy self die murg uitgesuig het, en gee die skoongekoude been aan Wolf
met die woorde: "Dé, eet."
Wolf bekyk die been, gee 'n paar lekkies daaraan, en vra of Leeu nie
liewers vir hom wil toelaat om die soppies by die kwagga op te lek
nie. Waarop Leeu antwoord dat hyself so danig gek na sop is en nie
'n druppel daarvan wil weggee nie.
Toe vra Wolf weer 'n been om saam te neem om daar voor te gaan fyn
kou. Leeu gaan een haal wat ook reeds afgekou is, waaruit die murg
uitgesuig is en waaraan die kwagga se klou nog vassit, en sê: "Dé,
vat dit; basta bedel. Toe loop!"
Wolf bespeur toe dat Leeu hom weer gefop het, so sê hy: "Ek sal maar
stap, sodat ek vroeg my huis kan haal. Nou vra ek jou, broer Leeu,
om môre by my te kom eet."
Met die huis-toe draf, kom Wolf 'n trop volstruise teë; hy vang een
en kon hom toe versadig eet. Wat hy nie kon baasraak nie, sleep of
dra hy saam na sy huis toe.
Toe hy die volgende dag vir Leeu haas verwag, sit hy 'n pot op die
vuur en kook van die volstruis se vleis. Hy met sy vrou en kinders
eet die vleis op en laat die sop vir sy vriend Leeu staan.
Toe hy vir Leeu nog ver sien aankom, gooi hy van die sop in 'n ander
pot uit om koud te word. Hy gooi nog meer water in die pot wat op
die vuur staan, en stook dit met 'n wakker vuur tot dit borrel soos
dit kook.
Toe Leeu naby was, haal Wolf die kokende pot van die vuur af en sit
dit naas die een waarvan die sop al koud geword het, en hy staan vir
Leeu af te wag.
Toe Leeu hier naby hom was, roep Wolf: "Môre, môre, broer Leeu! Jy
kom net in tyd! Ek het 'n vet volstruis vir ons gevang, en ek het
jou nie vergeet om die lekker murgbene wat jy gister vir my gegee
het nie. Het jy weer kwaggas gevang?"
"Nee, daar is baie, maar ek eet nog al die tyd aan die vet kwagga
van gister," antwoord Leeu, doodtevrede met homself.
"Maar jy het in elk geval nou lus vir volstruissop, dit weet ek,"
merk Wolf op toe hy die pot met koue sop vat en aan sy vrou sê:
"Hou oop jou mond dat ek vir jou eers sop gee." Hy gooi toe sop in
haar mond, en sy sluk só dat haar keel knoppe-knoppe maak. Daarop
sê hy aan sy kinders: "Kom julle hier; hou julle monde oop, dat ek
ook vir julle sop gee." Die kinders kom op 'n ry sit, en Wolf gooi
sop in die mond van een kind ná die ander. Daarop sit hy die leë pot
neer en sê aan Leeu: "Nou kom ons aan die beurt; ons het tyd en kan
op ons gemak drink--jy eers, dan ek."
Daarop neem Wolf die pot met die kokende sop en vra aan Leeu om reg
te sit. Leeu maak so. Toe keer Wolf die pot met kokende sop oor Leeu
se kop om en druk die warm pot boonop vas oor Leeu se kop. Leeu se oë
verbrand, sy mond en keel verbrand. Hy slaan neer teen die grond. Toe
vat Wolf sy kierie en slaan Leeu verder dood. So kom 'n gemene daad
altyd weer op 'n man se eie kop terug.
NO. 36.
VOLSTRUIS WORD WEER LEWENDIG.
OPMERKINGS:--In hierdie storie word ons voorbeelde van die
opstanding van die dooie meegedeel.
Daar was 'n Boesman bekend as een van die beste jagters van sy
tyd. Misskiet was 'n onbekende iets by hom--Raakskiet was sy naam. Op
'n sekere dag gaan Raakskiet veld-toe om te jag; toe hy ver in die
veld was, voel hy siek. So kaduks het hy gevoel dat hy besluit om om
te draai en maar terug huis-toe te gaan. Hy voel lam, en sy mond voel
net droog.
Hy stap kop voor die bors en dink nêrens oor nie. Toe hy hom kom kry,
was 'n volstruismannetjie agter hom. Die voël gee 'n geweldige blaas
en wou hom net skop en trap. Dog hy val plat en gaan op die grond
lê. Die voël, met sy skerp borsbeen, gaan op hom sit en frommel hom
asof hy hom tot 'n voetsool wil platdruk.
Onder die worsteling bespeur Raakskiet dat dit nie 'n gewone volstruis
is nie, maar een wat iets in hom besit wat vreemds is. Toe die voël
moeg was om vir Raakskiet so te kneus, staan hy op en gaan naas
Raakskiet wei, maar hou hom gedurig in die oog. Die minste beweging
wat die Boesman maak, is die voël by om hom nog verder te kneus.
Raakskiet kry die plan om hom dood te hou om die volstruis 'n kans
te gee om weg te gaan. Toe hy so lank stil lê, word die voël gerus
en begin toe verder en verder te wei. Raakskiet loer na sy boog en
pyle; maar met die skop en trap van die voël het die snaar van sy boog
gebreek. Toe maak Raakskiet 'n plan om sy goed te vat en saggies onder
'n digte bos te kruip.
Hy kry dit reg. En toe hy onder die bos was, het hy kans om goed rond
te kyk; hy sien toe dat die mannetjie na twee volstruiswyfies stap
wat besig was om vlerke oor hulle nes te klap. Raakskiet pluk toe van
die takke van die bos af en bind hom daarmee toe, sodat hy self na
'n bos lyk. Op hierdie manier het hy na sy huis toe ontsnap.
Hy voel toe net siek en vertel aan sy vrou en kinders die
wederwaardigheid wat hy met die volstruis deurgemaak het. Daarop gaan
hy in sy karos op velle in sy hut lê.
Die vrou was kwaad vir die voël en roep uit: "So moet jy dit nie
laat bly nie. So gou as jy beter voel, moet jy jou boog regmaak,
reguit na die nes toe stap, die volstruise doodskiet, en hulle en
hulle eiers huis-toe bring; ek en die kinders sal help."
Deur die man siek lê, moes die vrou en kinders kos in die veld gaan
soek; 'n klein jongetjie bly by sy siek vader om hom te versorg. Ná
almal veld-toe was, sien die kleinjonkie daar oorkant op die gras
'n baie klein hasie rondspeel. Hy hol daarheen om die hasie vir hom
te vang, en hy bly lank weg.
Intussen voel sy vader se keel nog maar droog; hy roep na sy kind om
water te bring, maar die kind was nie daar nie.
Toe kruip Raakskiet self na die gat water wat daar naby is, en met die
drinkslag val hy vooroor in die water en verdrink. Met die huistoekom
van die moeder en haar kinders kry hul die kleinjonkie net toe hy die
hasie vang en daarmee huis-toe stap. En die kleinjonkie was baie bly
oor sy hasie.
By die huis kry hul vir Raakskiet nie; hulle soek en soek en vind
hom in die water dood lê. Hulle haal hom uit, rol hom op die grond;
hy bly dood, en hul laat hom naas die gat water in die sonskyn lê om
warm te word.
Die moeder het die kleinjonkie 'n afgedankste drag slae gegee en
gesê dat hy die hasie moet doodmaak, want die hasie is kos waarmee
nie mag gespeel word nie; en dan, die dood het in die wêreld deur
'n hasie gekom.
Dog die kind wou sy hasie nie doodmaak nie, maar hou aan daarmee
te speel. As die diertjie sy oortjies so vorentoe en agtertoe trek,
dan is dit vir hom tog te mooi. Sy ma stuur hom toe om by die ander
gat water te gaan haal. Hy was altyd 'n gehoorsame kind; hy sit sy
hasie neer en gaan die water haal. Solank hy weg was, maak sy ma die
hasie dood. Toe hy terugkom, huil hy bitterlik daaroor.
Maar net toe word sy vader, Raakskiet, weer lewendig. Hy rig hom op,
sit in die sonskyn en word by elke asemhaling gesonder. En toe hy daar
opstaan, makeer hy niks nie. Hy maak toe somar uit die staanspoor sy
boog reg om die volstruis, wat hom getrap het, te gaan skiet.
Toe hy gereed was, stap sy vrou en kinders mee om die vleis en
eiers te help dra. Toe hulle digteby die plek kom, bly die vrou en
kinders agter; hy bind weer bossies om sy lyf, en so verskalk hy
die volstruise, wat druk besig was om hulle nes sag te maak deur
die kluitjies wat daarin lê, stukkend te byt. Die wyfies stap weg,
dog die mannetjie bly by die nes; so kry hy net die mannetjie onder
skoot. En toe hy dié skiet, vlug die wyfies heeltemal weg. Raakskiet
en sy gesin sny toe die voël aan stukke, sit dit op hulle koppe en
neem die eiers ook mee huis-toe.
Die vrou trek toe die vere af en plaas dié op 'n bossie. Hulle begin
somar te braai en eet. En toe hul die hele volstruis opgeëet het, kom
daar 'n geweldige warrelwind. Die wind neem al die vere weg en warrel
dié rond, hoog in die lug. Een veer was swaar van die bloed en kan nie
so hoog in die lug rondwals nie, maar kom af, warrel en warrel tot dit
in die gat water val waarin Raakskiet die dag tevore verdrink het; en
dit swem op die water, terwyl dit daar deur die wind rondgemaal word.
Raakskiet en sy gesin sien dit en slaan ag op daardie veer. Terwyl
hulle nog staan en kyk, verander daardie bloederige veer in 'n
klein volstruisie. Hulle beskou wat aangaan, en sien die diertjie
kry donsvere; die donsvere groei en word langer. Die voëltjie stap
sukkel-sukkel uit die water; want dit was nog pieperig en swak, en
sy beentjies was nog baie sag; en hy gaan op die wal bewe-bewe in die
son sit. Hy word sterker en sterker, hy groei en groei. Onderwyl word
sy bene en ribbe, sy nek en rugstring harder en harder. Dit het nie
lank geduur nie, of hy was 'n volwasse voël, met swart en wit vere
oortrek--net soos 'n gewone volstruismannetjie. Sonder om verder te
versuim, draf hy veld-in, reguit na sy eie huis toe.
Toe hy daar kom, brom hy om aan sy vrouens te vertel dat hy nog
leef. Hulle ken somar sy stem, kom met vlerkgeklap hom in gemoet en was
bly om hom weer lewendig te sien. Hy maak toe 'n ander plan en gaan nog
'n derde vrou haal. Van toe af was daar altyd twee voëls by die nes:
twee wyfies gaan wei, en dan is een by die mannetjie by die nes; dan
kom daardie twee weer terug, en die mannetjie en die wyfie gaan weer
wei. Daar het altyd 'n omruiling op een of ander manier plaasgevind,
so was dieselfde wyfie nie altyd by hom nie.
Hy en sy drie wyfies het toe op 'n ander plek gaan nes-maak, want
hulle was vir die ou plek bang. Raakskiet het wel geweet waar die
nuwe nes is; maar uit bygeloof was hy bang om daarheen te gaan. Hy
was bevrees dat die volstruis hom weer sal betower, dat hy weer sal
siek word om in die water te val. En dalkies kom hy hierdie slag nie
weer by nie, maar bly dan vir altyd dood, dood, dood.
NO. 37.
LEEU WORD JALOERS.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n staaltjie van die verwaandheid
van Leeu.
Die leeus kom dikwels in geselskap bymekaar, en dan prys hulle vroue
altyd die ape vir hulle ratsheid, die gensbokke vir hulle vlugheid,
en die volstruise vir hulle mooi stem om te brom (of brul). Dit
het die mannetjie-leeus maar min aangestaan, en hulle word daaroor
baie jaloers.
Hulle gee toe hulle ontevredenheid daaroor aan hulle vroue in die
volle geselskap te kenne; dog die leeuwyfies hou vol dat hulle gelyk
het, en dat hulle mans nie kan stry nie. Daarop sê die leeumans toe:
"Gee 'n fees en 'n dansparty, dan kan julle self van naby dit aanskou
en hoor."
"Goed!" antwoord die vroue. "Maar pas op dat julle daar nie met skande
van afkom nie."
Hulle maak die nodige voorbereidsels vir die fees daar en dan en nooi
vir Aap, Gensbok en Volstruis om op 'n bepaalde tyd daar te wees.
Toe die fees haas 'n aanvang sou neem, kom Aap tussen die takke van
bome aangespring; hy glip en wip soos 'n sprinkaan van een boom na
die ander en was in 'n ommesientjie daar.
Die vroue klap hande en juig vir Aap toe; maar nie vir hulle mans
nie. Die mannetjies van die leeus kon nie so rats spring nie, en dit
laat hul somar uit die staanspoor sleg voel; maar hul reken op wat
hul later sal doen. Ook met die dansery het Aap hul uitgestof.
Hier kom Gensbok aangehol. Hulle belê onmiddellik 'n resies; dog
Gensbok hol skoon voor die Leeus weg. Weer klap die vroue vir Gensbok
hande en nie vir hulle mans nie. Dit laat die leeumans nog 'n bietjie
slegter voel.
Eindelik kom Volstruis aan. Hy was nog ver, toe begin hy al
brul. Dadelik klap die vroue hande en roep uit: "So mooi en helder
kan julle tog nie brul nie. Volstruis brul met sy volle longe; maar
julle brul met julle mond asof jul 'n been in julle keel of julle
stert in julle bekke het." Hulle hou maar aan hande klap.
Die mannetjie-leeus brul toe, maar die vroue wil nie vir hulle mans
hande klap nie; maar net soos Volstruis voor hulle kom brul, klap
hulle hande en juig Volstruis toe.
Dit maak die mannetjies bepaald boos, en hulle begin binne in hulle
harte te skel en hulle vrouens te verwens. Een leeu bevlie vir Aap
en krap die hare van sy sitplek af, die ander leeu bespring vir
Gensbok en krap hom merke in sy gesig, terwyl die derde leeu besig
was om vir Volstruis te takel; hy krap al die vere van sy heupe
af. Daarop stap die drie mannetjies weg en laat hulle vrouens met
die klein kindertjies agter. Toe hulle drie wegstap, roep hul terug:
"Nou kan Aap, Gensbok en Volstruis, wat jul algar so danig prys,
vir julle en julle kinders sôre."
Die vrouens roep agterna: "Dis glad nie nodig dat hulle vir ons moet
sôre nie: ons kan sonder hulle klaarkom en vir onsself sôre."
Die leeus gaan toe net volstruise jag om hulle longe te eet, sodat
hul net so mooi as Volstruis uit die voorbors kan brul. En ná hul baie
volstruislonge geëet het, toe brul hul nie meer asof hulle sterte in
hulle monde of bene in hulle kele het nie.
Die vroue met hulle klein kindertjies het dit swaar gekry om kos te
vang en terselfdertyd na die kinders te kyk; hulle begin toe al sterk
na hulle mans te verlang, wat so braaf vir hulle en hulle kinders
gesorg het, al het die mans nie so danig mooi na hulle sin gebrul
nie. Dit is maar kleinighede, en hul sal nou maar snags luister
waar hulle mans brul; want toe verstaan hul eers dat dit juis die
fout is wat hul in hulle mans vind, wat hul nader na hulle weldoeners
bring. Dit het hul baie moeite gekos om by hulle mans te kom, want die
kinders is swak om na die mans te loop. Hulle neem hul toe voor om nie
weer met hulle weldoeners te spot nie; maar wel om hulle te prys waar
hul goed doen, en stil te bly as die mans nie iets beters kan doen nie.
Toe hul by die mans kom, stap dié weg; dog hulle roep agterna en
beloof om beter in vervolg te handel. Toe draai die mans om, want
hulle was baie gek na hulle kinders. Van toe af, as Volstruis brul,
klap hul nie meer hande nie; en as hulle mans brul, dan voel hul
groots en prys hulle, want dis tog harder as enige ander stem.
Dit het vir 'n lang tyd so goed gegaan, en almal het die ou rusies
vergeet, en algar voel plesierig. Maar een vrou begin weer met haar
dingetjies. Hierdie slag begin sy te veel na haar man se sin vir
Kwagga se maanhare en Langnek-kameel se kuif te prys; daarop begin
sy weer met haar man se maanhaar te spot.
Hy word toe so boos op sy vrou dat hy haar aan die kophare pak en
haar daaraan rondsleep. Hy het haar so rond en bont gepluk dat amper
al haar kophare uitgetrek was. Wat gebly sit het, het uitgeval, sodat
sy vir 'n tyd glad kaalkop rondgeloop het. Ná verloop van tyd het sy
weer kophare gekry; maar glad nie weer so lank as wat dit tevore was
nie. Die ander wyfies het so bang en versigtig geword dat hul ook
hulle kophare afgesny het; daarom is hulle hare vandag nie meer so
lank as dié van die mannetjies nie.
NO. 38.
PERDEBY EN SY VROU.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is amper op die model van 'n
Hottentot-dierestorie, dog die Boesman-herkoms is te duidelik.
Daar was 'n ou Boesman wat gelukkig met sy ou vrou en kinders
gelewe het. Hy was 'n kriewelkop; maar as hul nie met hom lol nie,
dan was daar nie 'n beter man as hy nie. Dog sy ou vrou was bepaald
verspot. Haar grootste vermaak was om haar kinders in hulle gesigte
voor andere te prys. Nou, soiets is mos 'n baie slegte trek in 'n
moeder; want dit laat die kinders dink dat hul beter is as ander
mense se kinders: wat sleg is, word nog slegter; en wat goed is,
steur hul nie grootliks aan hulle moeder se lawwe praatjies nie. Dan,
so 'n trek in die moeder maak dat ander mense maar baie min van haar
kinders dink--die jongkêrels kry teësin in die dogters, en die meisies
gee nie om vir sulke danige blinkgemaakte jongkêrels nie. So het haar
kinders been-oud geword voor hulle getrou het.
Maar die jongste dogter was darem regte mooi; sy was 'n terggees van
die bestes en baie deur die windmaak van die moeder bederwe. Maar tog
met dit al was die jongmense gek na haar; hulle het baie by haar kom
kuier as die moeder opsy was.
Maar kom die ou moeder in die geselskap, dan is dit maar weer só:
sy sit haar dogter tot vervelens toe met woorde te verkoop en sê dat
die man wat dié dogter vat, moet kan mooi sing.
Kriekie kom sing, Sonbesie kom sing, Uil kom sing, Wolf en Jakkals
kom sing; maar die dogter, tot groot ontsteltenis van die moeder,
bars uit van lag en spot die singers lekker in hulle gesigte uit. Dit
maak die moeder teen die dogter isegrimmig, en die singers stap boos
weg. Hul vat op die daad hul karos en verlaat die geselskap.
Toe die dogter en die moeder weer alleen was, begin die moeder by
haar dogter te pamperlang en vra die dogter wat nou eintlik haar sin
vir iemand is.
Die dogter begin toe eers hierdie kant toe te praat, en toe weer
daardie kant toe te praat; en sy raak so deurmekaar dat sy somar
alkant-toe praat. Toe was die moeder nog net so met haar dogter
opgeskeep en was niks wyser geword nie.
Eendag was daar weer 'n geselskap, en die moeder en dogter was ook
daar. Weer begin die moeder oor haar dogter uit te wy en sê dat die
een wat die mooiste kan dans, dié kan die dogter kry.
Meteens begin Padda te dans, toe Springbok, toe Hasie, toe Slang,
toe Patrys, toe Skilpad; maar weer, tot steurnis van die moeder, sit
die dogter die hele klomp dansers in hulle gesigte uit te lag. Die
moeder voel toe vererg, en die dansers nie minder beledig nie. In
'n ommesientjie sit die moeder met haar dogter weer alleen; algar
het karos gevat en weggestap.
Daar was toe geen ander plan vir moeder en dogter nie, as ook maar
karosse te pak en na hulle huis toe te stap. Op pad vra die moeder
andermaal wat die sin van die dogter is.
Sy praat toe weer hierdie kant toe, toe daardie kant toe, en somar
daarop alkant-toe, en was so deurmekaar as 'n vlieg in 'n spinnerak.
Op 'n sekere dag sit die moeder en haar dogter weer in 'n ander
geselskap. Andermaal begin die moeder die fluitjie van prys vir haar
dogter te blaas en sê dat die een wat die netste met 'n pyl kan skiet,
die dogter kan kry.
Toe vat Heuningby sy boog en pylkoker, en hy begin daar rond te
skiet; Muskiet begin te skiet; Muggie begin te skiet; Blindevlieg
begin te skiet; ook Vlooi begin te skiet. Toe saai die geselskap
uitmekaar--moeder en dogter inkluis--, en karosse bly in die slag.
Op pad huis-toe sê die dogter: "A, nee, ma, jy moet eers dink voor
jy praat! Kyk hoe toe is ons oë nou geswel!"
Die moeder voel toe dat sy haar saak nie goed oordink het nie; so
begin sy somar te sê: "Kom, vertel my nou regtig wat jou sin is!"
Soos gewoonlik praat die dogter weer hierdie kant toe, daarop daardie
kant toe en toe somar alkant-toe, dat sy andermaal nes 'n vlieg in
heuning vassit. En die moeder bly toe nog net so dom.
By 'n ander geleentheid bevind hul vir hulle weer in 'n groot
geselskap, en die moeder haar mond borrel weer oor van lof van haar
dogter; en sy sê dat die een wat die mooiste karos het, dié kan haar
dogter kry.
Toe tree Mot te voorskyn met sy karos; Muis kom met syne; Akkedis met
syne; Suikervoëltjie met syne; Kwagga met syne; Muishond met syne;
en Perdeby met syne. En hulle maak hul karosse oop en toe om te wys
hoe mooi dit is--net Perdeby nie.
Die dogter het hierdie slag haar moeder plegtig belowe om nie haar
lagbui te hervat nie en om haar stemmig te gedra. Haar keuse val toe
op die mooi glinsterende blou karos van Perdeby, en sy neem hom; en
hulle twee gaan saam na die kleihuis van Perdeby, met die baie kamers.
Maar Perdeby vang net ruspers, wurms en spinnekoppe en bring dié na
sy huis toe en vul die kamers daarmee. Sy vrou objekteer en sê aan
hom dat sy nie gewoon is om sulke gogga-goed te eet nie; hy moet vir
haar wild gaan skiet. En hulle twee stap saam veld-toe.
Sy sien 'n haas lê en slaap, en sy roep hom en sê: "Kom hier, my man,
en skiet hierdie hasie vir my."
Hy neem 'n pyl uit sy koker en sit dit op die boog en vra: "Waar is
die haas?"
Waarop sy antwoord: "Hierso, onder hierdie bossie!" Hy bekruip toe
die haas; maar sy sê: "Gooi tog af jou karos!" Hy maak so. Toe sien
sy die danige dun lyfie van Perdeby, haar man, en sy skater uit
van lag oor daardie danige dun lyf en roep uit: "O so, nou verstaan
ek waarom jy nooit jou karos wil afgehaal het nie! Ga, ga, ga! Kyk
daardie verspotte dun lyfie!"
Perdeby word toe so boos--want hy kan gou kwaad word--dat hy sy vrou
op die plek met 'n pyl doodskiet.
En dis nou die betaling wat die moeder met al die pronkery met haar
dogter gekry het.
NO. 39.
MOEDER LEEU EN DIE KINDERS.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is slegs 'n blote vertelling waarin
die verbeelding vrye teuels gegee word.
Daar was 'n vader Leeu en 'n moeder Leeu. Van hulle jong dae af het
hul vir hulle 'n mooi jagveld uitgekies. Op 'n oop vlakte, digteby
'n kolk water en 'n ent van 'n kliprant af, het hul onder 'n klompie
bome en tussen rotse 'n huis uitgekies. Onder die bome was ook 'n kol
kort bosse, wat in die daaglikse spreektaal kreupelhout of ondergroei
genoem word. Dus, 'n baie mooi wegkruipplek, van waar hul oor die
vlakte kan sien. Daar was ook genoeg wild vir hulle, daarom was hul
so tevrede daar en het daar hulle hele lewe gewoon.
Hulle het altyd twee of drie kinders tegelyk. Die kinders bly dan
by hulle ouers en gaan saam met hulle ouers jag om te leer hoe om
self te jag. As daar weer twee of drie boeties en sussies gebore
word, dan gee hulle pad en vat dan hulle eie koers om vir hulself
'n huishouding te begin.
Vader Leeu en sy vrou, moeder Leeu, word ná verloop van jare oud;
hulle tande word sleg, want met die stukkend-byt van harde bene
moet die beste tande met verloop van jare en met naderende ouderdom
ingee. Toe kan die twee oues nie meer so goed jag nie; en terwyl hulle
nie meer jong kinders het nie en die ander reeds op hulle eie boer,
so het hul dit nie meer so volop gekry nie. Hulle moes toe maar diere
vang wat nie so vinnig hardloop nie; so ook het hul begin onder die
Boesmans te vang--vernaamlik onder die ou meide wat veld-toe gaan om
veldkos te soek.
Hiervoor kry hul op 'n sekere tyd 'n mooi kans. Want groot buie reënt
het daar geval, en baie wild kom die streek binne om op die groen
veld en golwende gras te wei. Baie Boesmans volg die wild, en hulle
gaan onder die klipkranse van daardie rantjie, wat naby is, woon. Die
ou meide en kinders kom by die kolk, naby die leeus hulle huis, water
skep; dan neem die leeus hulle kans waar om die ou meide dood te byt
en die kinders lewendig te vang en na hulle huis, onder die klompie
bome by die groot rotse, te bring, om daar te woon en speel.
Die leeus hulle huis was so veilig en gevaarlik dat die jagters dit nie
gewaag het om die leeus daar oordags te gaan aanval nie; terwyl in die
nag, as die leeus op hulle stukke is, het die Boesmans glad nie daar
naby gekom nie. Maar hulle sê die leeus is te gevaarlik so naby die
waters, en 'n plan moet gemaak word om hulle uit te roei of te verjaag.
Hulle maak 'n ou pop van velle en stop dit met gras op, sodat dit
baie na 'n regte Boesman op 'n afstand lyk. Aan die nek maak hul
'n lang riem vas, en twee jagters neem die pop mee. Hulle stap na
die kolk water toe en klim daar in 'n boom. Die pop bly onder die
boom; maar hulle trek gedurig aan die riem, sodat dit lyk of die pop
ronddans en lewendig is. Dit is 'n ou plan wat Boesmans maak om leeus
na 'n boom te lok om hul dan daar dood te skiet.
Vader Leeu dink toe dat die pop 'n ou meid is wat nie in die boom
kan klim nie; daarom staan sy onder die boom rond te dans. Hy maak
hom gereed en gaan die pop bekruip. Toe hy die pop onder die boom
bevlie, maak die twee jagters bo in die boom 'n geraas. Vader Leeu
kyk met oop bek op; en dit was net wat die twee jagters wou gehad het:
dadelik skiet hul gifpyle in die oop bek van vader Leeu; en ná enige
oomblikke was vader Leeu 'n lyk, om nooit weer ou meide en kinders
te vang nie. Dog hulle bly van Leeu se huis weg.
Moeder Leeu het die moord op haar ou man al die tyd staan aanskou;
so was dit 'n waarskuwing vir haar om nie meer ou meide en kinders
te gaan vang nie. Sy moet dus 'n ander plan maak. Sy wapen toe die
Boesman-kinders wat by haar woon, met knopkieries; sy gaan self in
die nag met hulle jag. Sy vang wild en hou die prooi vas, en dan kom
die kinders en slaan met hulle knopkieries die ding dood wat gevang
is. So het hul op 'n ander manier al die tyd volop kos gehad. Sy
wou die kinders nie na die kolk toe stuur om water te haal nie;
want dan mag dit gebeur dat hulle eie ouers vir hulle daar sien,
en kan vir hulle daar kom haal en na hulle huise toe neem.
By moeder Leeu haar huis het 'n groot en kragtige donkergroen boom
gegroei, wat sulke lekker vrugte gedra het. Die kinders was baie gek na
daardie vrugte. Sodra hul daarvan geëet het, dan vergeet hul alles wat
tevore gebeur het. So het hul glad vergeet dat hul Boesmans vir ouers
het. Hulle verkeer toe maar onder die vaste verbeelding dat moeder
Leeu hulle regte moeder is en dat dit hulle plig is om vir haar te
sorg. Ewe tevrede speel hul onder daardie klompie bome en gaan nooit
daaronder oordags uit nie. Maar snags is hulle Kaatjie van die baan:
dan baljaar hul rond of is doodstil as hulle op die jagtog uit is.
Later word moeder Leeu sieklik en kry 'n slegte bors, dan moet
die kinders haar bors kom vrywe--en dit het hul met die grootste
bereidwilligheid gedoen. Van toe af het hul baiemaal self alleen
gaan jag en was nog altyd in staat om 'n stukkie kos vir sieklike
moeder Leeu huis-toe te bring, waaroor sy altyd baie dankbaar is;
en om haar dankbaarheid te betoon, lek sy die hande en voete van die
kinders as hul op haar lê en met haar ore of stert speel.
Hulle was, in kort, 'n gelukkige gesin daar onder die bome.
Maar op 'n goeie dag hoor een van die dapperste Boesmans kinders onder
die bome by moeder Leeu haar huis speel en lag. Hy sê toe by homself:
"As die leeus daardie kinders nie vang en doodbyt nie, dan sal hul
dit aan my ook nie doen nie."
Hy stap daarheen en kry die vrolike kinders daar net alleen, want
moeder Leeu het net na die kolk toe gestap om in 'n hartbeespens
water te gaan haal.
Die dapper Boesman praat met die kinders, en dadelik bemerk hy dat
hul niks meer van hulle ouers af weet nie; dog hy ken nog al die
kinders en weet wie hulle ouers is. Hy het "houtjies" in sy knapsakkie
gehad--"houtjies" wat sy toordokter vir hom gegee het; en hy laat
al die kinders daaraan kou, en toe kom hulle vorige verstand weer
terug. Hulle kry toe dadelik 'n begrip dat hul kinders van Boesmans
is, en nie van leeus nie.
Toe sê hy: "Julle twee wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand
onder daardie krans. Sien jul die rokie daar uitslaan?" En die twee
kinders spring op en hol na hulle ouers se huis toe.
Daarop sê hy weer: "Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie
brand onder daardie krans waar die groot boom staan. Sien jul die
rokie daar uitslaan?" Die twee kinders spring op en hol reguit na
hulle ouers se huis toe.
Daarop sê hy weer: "Julle drie wat daar so sit, julle ouers se
vuurtjie brand hoog bo in daardie diep kloof. Sien julle die rokie
daar uitslaan?" Die drie kinders staan op en hol reguit na hulle
ouers se huis toe.
Toe bly daar nog net een kind sit, en die Boesman sê: "Jou ouers se
vuurtjie brand daar in die ander diep kloof. Sien jy die rokie daar
uitslaan?" En die kind hol ook na sy ouers se huis toe.
'n Ruk daarna kom moeder Leeu met die water aangestap. Deur haar bors
swak was, was sy uitasem. Sy hoor of sien die kinders nie, maar sien
'n volwasse Boesman daar sit, en sy vra: "Waar is die kinders?"
Hy antwoord: "Die kinders is nie meer hier nie."
Sy kry trane in die oë en roep uit: "Waar, waar is die kinders? Wat
gaan ek doen sonder die kinders? Waar, waar is die gehoorsame
kinders?" En sy huil bitterlik kwyl en trane.
Daarop sê sy huilend aan die Boesman: "Jy het die kinders hier kom
wegvat. Hulle was so tevrede hier en het altyd so soet gespeel;
waarom doen jy dit? Kan jy nie sien ek word al grys en oud nie? Nee,
ek is al oud; ek is al grys." En sy huil hardop.
Al wat die Boesman antwoord, is: "Die kinders is nie meer hier
nie." Hierop vat hy sy goed en stap ook na sy huis toe.
Moeder Leeu het daarop toe sieker en sieker geword; en toe sy haar
kop neerlê, was daar nie kinders om haar benoude bors te vrywe nie. En
sy het hul ook nie meer by haar om hulle hande en voete te lek nie.
Maar die ouers van die kinders wou uit hulle velle spring van blydskap
toe hul hulle kinders weer by en rondom hul sien speel en lag; want
dit was hulle kinders, en nie dié van moeder Leeu nie.
NO. 40.
BOESMAN-GEDIGTE.
OPMERKINGS:--Om die Boesman reg te laat wedervaar, neem ons 'n paar
van sy gedigte op. Daar is baie daarvan; dog as ons 'n vertaling
daarvan moet lewer, dan word dié bepaald waardeloos, omdat die
gedigte meestal nabootsings in sy eie taal van natuurklanke is. So
boots b.v. ons blank kinders die tortelduif se sang na as: "Werk
stadig! Werk stadig!" Of dié van die lemoenduifie as: "Ek gaan na
Woester toe! Ek gaan na Woester toe!" Vertaal dit in 'n ander taal
en kyk dan watter gebrou dit afgee. Maar ons het darem 'n paar
gedigte deur 'n mak Boesman gemaak, opgevang. En dié kan ons met
'n sekere mate van vrymoedigheid aanbied. Let op, die rymmaat is
in ooreenstemming met hulle dansmusiek, of riele, gebring. Baie
reëls en parte van die gedigte word oor en oor herhaal.
DIE DIERE GAAN WATER DRINK.
Die diere die kom,
Die diere die kom,
Die diere die brom--
Hul draf na die water toe.
Met kop na die grond,
Hul sterte swaai rond--
Hul draf na die water toe.
Namakwa-patrys,
Wat water kan wys--
Hy vlie na die water toe.
Die kwagga loop voor,
Die leeu vat spoor--
Hul draf na die water toe.
Die Boesman wag daar,
Met boog en sy snaar--
Hy kruip by die water weg.
Die diere kom drie,
Die pyle die vlie
En skiet by die water dood.
Die Boesman kry kos
En spring uit die bos--
Hy hol na die water toe.
Die wild lê rond skop,
Hy moker die kop
Van wild wat by water vrek.
'N RIEL.
Mans: Kwagga, kwagga met sy bont poot saam.
Kwagga, kwagga met sy rond poot saam.
Kwagga met sy knoppoot saam.
Kwagga met sy kloppoot saam.
Meide: Ei! Hy blaas as hy draf.
Ei! Hy snork as hy draf.
Ei! Hy trippel met sy voorlyf weg!
Mans (met hande in die sy):--
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Meide: O, dis sy wegdraf dié!
O, dis sy pronkslag dié!
Mans: Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hoeit! (en handegeklap.)
Mans: Korhaan, korhaan met sy speekbeen saam.
Korhaan, korhaan met sy blink skeen saam.
Korhaan, korhaan met sy lang nek saam.
Korhaan, korhaan met sy plat bek saam.
Meide: Ei! Hy koes as hy draf.
Ei! Hy buk as hy draf.
Ei! Hy trippel met sy voorlyf weg!
Mans (met hande in die sy):--
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Meide: O, dis sy wegdraf dié!
O, dis sy koesslag dié!
Mans: Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hoeit! (en handegeklap.)
Mans: Hiekie, kriekie met sy groot toon saam.
Hiekie, kriekie met sy swart boon saam.
Hiekie, kriekie met sy strykstok saam.
Hiekie, kriekie met twee-lok saam.
Meide: Ei! Hy wip as hy spring!
Ei! Hy glip as hy spring!
Ei! Hy trippel met sy groot toon weg!
Mans (met hande in die sy):--
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Meide: O, dis sy wegloop dié!
O, dis sy wegspring dié!
Mans: Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!
Hoeit! (handegeklap en gelag.)
(Dan volg een herhaling van hierdie riel ná die ander, tot hul weer
'n ander een opvat.)
NO. 41.
LEEU BINNE DIE HUT BY DIE KIND.
OPMERKINGS:--Dit is die enigste storie wat onder ons aandag gekom
het waar Boesmans en Hottentots dieselfde verhaal op hulle eie
manier vertel.
'n Boesman en sy vrou het net een meisiekind gehad, wat net begin te
praat. Hulle twee stap veld-toe en neem die kind mee. Die vader help
vir die moeder om boesmanrys uit te grawe, en onderwyl sit die kind
te speel of loop naby hulle rond. Die meisiekind kon sulke snaakse
dingetjies sê, waaroor die ouers staan en lag, want sy praat nog krom.
Ná die twee oues genoeg boesmanrys uitgegrawe het, en ná hul die
kluite daartussen uitgesoek het, stap hul water-toe om die sand
tussen die rys uit te was. Die vader dra die knapsak met rys, en
die moeder dra die kind op haar rug. Onderwyl lag hul nog altyd oor
die snaaksheid van die kind. Daar spring toe 'n vlakbokkie uit. Die
vader, wat al die tyd met pyl en boog in sy hande gereed gestap het,
skiet die vlakbokkie, en die diertjie val ná 'n entjie te gehol het,
dood. Nou het hul meer kos as wat die gesin in een nag kan opeet.
Toe hul by hulle hut kom, gaan die son onder. Solank die vader slag,
begin die moeder al aan die binnegoed te braai. Dit sou vir twee
witmense en 'n klein kind oorgenoeg kos gewees het; maar vir Boesmans
is dit maar net peuselkossies. Hulle begin ook van die vleis te kook
en braai en eet een streep deur. In dieselfde tyd maak die moeder
ook die boesmanrys gaar en bêre dit in leë volstruiseierdoppe, want
hulle het dié aand net 'n groot vleishonger gehad; daarom word die
vleis net hard aangespreek. En toe hul laat in die nag gaan slaap,
was daar nog maar min van daardie vlakbokkie oor. Die ouers gaan
onder hulle velle slaap, maar die kind nie.
Dog soos 'n kind is, sit die klein meidjie aaneen te kerm oor
boesmanrys. Die ouers sê dat sy oorgenoeg gehad het en nou maar moet
kom slaap. Maar nee--die klein kind bly by die vuur sit en dwing net
oor rys, en sy begin toe hard te huil.
Leeu hoor die kind en kom kruip-kruip aan. Hy sien toe die kind alleen
langs die vuur sit, terwyl die ouers onder hulle velle lê. Hulle het
nog nie geslaap nie, want die kind raas en huil te baie. Slaan help
ook nie.
Leeu kom in die deur van die groot hut sit. Nou kan niemand uitvlug
nie. Toe die ouers dit gewaar, ruk hul hulle koppe onder die karos
en lê doodstil.
Leeu het sy planne klaar: hy wil die ouers opvreet, en nie die kind
nie. So begin hy tydsaam met die kind te speel. Hy steek sy poot uit,
vat aan die kind en speel nes 'n kat met haar.
Die ouers wou sterwe van angs, dog haal nouliks asem.
Maar die kind vind hierdie spelery van Leeu erg prettig; sy lag daaroor
en sê ieder maal: "Ek 'tieke jou! Ek 'tieke jou!" terwyl sy vir Leeu
met 'n stokkie kielie en steek.
Leeu vind hierdie soort speletjies net so prettig as die kind en word
ewe vrolik; en dit loop op 'n soort baljaardery uit, sodat Leeu soms
op die twee ouers onder die karos trap, maar hy laat nie merk dat
hy weet dat hulle daar lê nie; dan wil die vader en moeder onder die
karos van angs sterwe.
Leeu slaan aljimmers die stokkie uit die hand van die kind en paai
haar dan met sy poot. Eindelik gryp die kind 'n stompie vuur met 'n
vlammetjie aan onder die pot uit en sê weer: "Ek 'tieke jou! Ek 'tieke
jou!" en sy prop die vlam in die lang maanhare van Leeu; die hare raak
aan brand; en hoe meer Leeu sy kop skud, hoe meer die vlamme ruis. Hy
neem die vlug; en so ver as hy hol, steek hy die veld aan brand.
Toe vir die eerste maal loer die ouers onder die karos uit of Leeu
wel weg is en of dit wel waar is wat die kind uitroep: "Kyk hoe b'and
hy! Kyk hoe b'and hy!"--natuurlik in die Boesman-taal.
Daarop kruip hul onder die velle uit. Hulle sien hoe die veld brand,
hoe Leeu in volle vlam rondhol, en hoe hy eindelik dood teen die
grond neerslaan. Toe weet hul om aan die kind 'n volstruiseierdop
vol boesmanrys te gee; want sy het hul van die dood verlos. Toe kan
hul haar nie genoeg dank en prys nie.
(Die laaste part van hierdie storie moet ons welvoeglikheidshalwe
onderdruk.)
NO. 42.
WOLF EN SY TWEE VROUE.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is slegs 'n karakterskets om die
domastrantheid en vraatsug van Wolf af te teken.
In die dae wat lankal verby is, het daar baie bossiehuise van die ou
geslag rond, en nie ver van mekaar nie, gestaan. Boesmans het daar
gewoon; leeus het daar gewoon; Wolf en Jakkals het daar gewoon--algar
in bossiehuise. En daar was 'n oor-en-weer-lopery van die een plek na
die ander. Hulle het baie saam gejag, baie saam geëet en baie saam
gedans en feesgevier. Toe was daar baie plesier; maar ook twis en
rusie om aldag se eentonigheid aan stukke te kap.
Wolf was, en is tot vandag toe nog, 'n flukse jagter. Maar hy ook
het geweet dat aldag jagdag is, maar nie aldag doodmaakdag nie. Die
ou kan mos baie eet; dit vat 'n groot knapsak vol vleis om met sy
honger mooi te praat en om dit stil te kry. Oor hierdie manier het
Wolf se ander bure nie van hom te veel te eet gekry nie. Dit is maar
'n gelukslag dat Wolf vir hulle kon trakteer.
Maar as Wolf die dag of nag niks te vang gekry het nie, dan stap hy
eenvoudig na sy bure se plekke toe, loop die een plek na die ander
af; en sonder genooi te wees gaan hy aansit en eet ewe gulsig met
hulle mee.
Die bure vind toe gou Wolf se laai uit; as hul hom hoor aankom,
dan raap hul die kos weg en bêre dit op so 'n plek waar hy dit nie
kan sien nie. Maar sy ruik is goed. Hy dwing en hou aan op so 'n
onbeskaamde wyse dat hul hom eindelik iets te ete gee. En dan is hy
nog nie tevrede nie.
Hiervan het die bure ook later moeg geword, toe weier hul beslis om
selfs vir hom 'n murgbeen te gee. Wolf het hom nie laat vermaak nie;
hy gryp die kos voor hulle weg, of maak die potte oop en haal die
vleis daaruit, of hy trek die spitte met karmenaadjies by die vuur uit,
of vat hulle karosse en stap daarmee weg en gaan alles gulsig opeet.
Hy het sy vrou geleer om haar eie pad te gaan en die einste ding te
doen. En sy kon dit amper beter as haar man regkry.
Dit het dan ook nie lank geduur nie, of algar was vir Wolf en sy vrou
buikvol. Hulle stap toe na Wolf se huis toe, toe hy en sy vrou nie
daar is nie, en steek dit aan brand. Wolf bou weer 'n ander bossiehuis,
en weer gaan die vuur daarin. Dit ontmoedig hom nog nie; hy bou weer,
en andermaal gaan die vlam daarin, want die bure wil Wolf en sy vrou
uit hulle geweste verdryf. Met aanhou het hul oorwen.
Wolf en sy vrou trek toe glad 'n ander oord in. Die eerste waartoe
hulle besluit, is om nie meer bossiehuise te maak nie, maar om in
gate te gaan woon; want grond- en kliphuise kan nie aan brand gesteek
word nie.
Wolf en sy vrou begin eers fatsoenlik te kuier; maar nog al die
tyd vat ieder sy eie koers, sodat hul nooit saam op een plek aankom
nie. Hulle het nie eens geweet dat Wolf 'n vrou het nie.
Een aand gaan Wolf op 'n plek kuier, en daar sien hy 'n jong meid,
so reg na sy sin; en hy begin somar daar sy lyf vryer-Hottentot
te hou, want hy is nou vasberade om twee vroue te neem. Hy gedra
hom baie ordentlik; hy begin oor sy jagtery te spog, hoe sterk hy
is, hoe hy alles kan uitvind; en wat uithalerheid betref, loop sy
kersvashouers glad nie rond nie. Hulle glo vir Wolf en nooi hom om
baie oor te kom. Hy was ook nie links nie en laat sy stof net baie
daar rondwaai. Baie aande bring hy 'n agterkwart of 'n voorkwart van
wild wat hy gevang het. Dit alles net om 'n twede vrou te kry.
Een aand vra hy die jong meid of sy maar sy vrou wil wees. Sy het
Wolf altyd onderdeur geloer en beskou; sy gee geen antwoord nie,
maar werk aan 'n neksnoer sonder om op te kyk. Sy maak of sy nie
gehoor het nie, maar sy dink ver.
Wolf praat weer. Sy gee toe antwoord en sê dat Wolf oor drie aande
weer moet kom. Oor 'n rukkie stap hy weg.
Die derde aand is hy daar. Sy sê toe: "Jy praat en spog so danig
oor jou krag en dat jy alles kan uitvind. Die neksnoer het ek êrens
weggesteek; loop soek dit en bring dit hier, dan sal ek jou neem en
met jou saam na jou huis toe gaan."
Wolf vat aan sy ken, en sy gedagtes dwaal ver buitekant sy hart;
en hy begin toe somar te praat van die groot present--die stuk vleis
wat hy met hom meegebring het. Hy het gou geëet en weggestap--hy gee
voor hy gaan nou die neksnoer haal.
Maar Wolf is 'n ou onderkruiper: hy gaan daar naby onderkant die
wind lê, van waar hy alles kan hoor wat hul in hulle hut praat. Hy
het nie te lank geluister nie, of die vader van die jong meid vra:
"Waar het jy die neksnoer weggesteek?"
Sy antwoord: "Pa, in die klipskeur by die 'norra-kareeboom."
Wolf het nie juis geweet waar die 'norra-kareeboom is nie; dog
uitvra-uitvra het hom gou die pad daarnatoe beduie. Hy kry die regte
plek; hy loer in die skeur; en, ja waarlik, daar sit die snoer in
'n oor van 'n koedoe weggesteek.
Wolf neem 'n haakstok om die koedoe se oor nader te trek; dog die
muise het die onderpunt van die oor weggevreet; en toe Wolf daaraan
roer, glip die snoer daaruit en val dieper in die skeur, waar Wolf
dit met geen moontlikheid kan bykom nie. Toe sit die ou, na baie te
gesukkel het, hand in die hare.
Meteens kom Miskruier met 'n bol klei daar verby. Wolf bekyk hom en sê:
"Ou vriend, hoor jy is dom om die bol klei agterstevoor te rol. Staan
reg en doen jou werk soos dit moet wees."
"Og!" roep Miskruier uit, "ek is nie so dom en sleg as jy my voor
verslyt nie. Sien jy nie hierdie bol klei is groot nie? As ek dit met
my kop na vore aanstoot, dan kan ek mos niks sien nie; stoot ek dit
agterstevoor, dan kan ek die hele wêreld rondom my sien. Jy moet weet,
ek is sterk en kan baie groter stukke klei as hierdie stoot--dis meer
as jy kan doen!"
"Wat!" werp Wolf teë, "ek rus net uit om hierdie groot rotse weg
te rol. Ek wed jou jy kan nie daardie neksnoer in hierdie klipskeur
tussen die rotse verroer nie. Loop haal dit uit en bring dit hier,
dan sal ek jou wys hoe maklik ek weer aan my kant hierdie tamaai
groot rotse rondrol."
"Nou toe, laat ek sien," sê Miskruier toe hy die skeur instap om die
neksnoer daaruit te sleep. Hy steek sy horing teen die snoer, kom
daarmee aangestap en smyt dit voor Wolf neer. Daar gryp Wolf dit en
hol daarmee na die jong meid toe. Voor hulle in die hut geslaap het,
en terwyl hulle nog aan Wolf se presentvleis sit en braai, is Wolf
daar en oorhandig die neksnoer.
A nee, nou moet die jong meid glo dat Wolf alles weet en alles kan
uitvind. Sy maak haar klaar en stap met Wolf mee na sy huis. En
net kom Wolf se eerste vrou daar, en dit was 'n getwis uit die
staanspoor. Nooit het daar weer rus in daardie huis gekom nie. Wolf
wou naderhand gek word.
Toe sê die bure wat dit gehoor het, dat dit die beste straf is wat
hul Wolf kan gegee het. En dit het 'n spreekwoord onder die Boesmans
geword as iemand straf verdien: "Gee hom twee vroue;" want die jong
vrou trek sy grys hare uit om hom jonk te maak, en die ou vrou sy
swart hare om hom oud te laat lyk.
NO. 43.
TIER IS ONTEVREDE MET DIE SON.
OPMERKINGS:--In hierdie storie het ons 'n karakter-tekening
van Tier, en daar word vertel wat hom deur sy roekeloosheid
oorgekom het.
Tier bou sy huis daar op die vlakte tussen hoë gras en bossies. Hy
is ook een van die ou geslag, wat rondgeloop het toe daar nog geen
Son was nie. Daarom is hy Tier. Hy was net boos op die kinders wat
Son se kop in die lug gegooi het om dit oordags so baie lig te laat
maak en wat sulke ondraaglike hitte veroorsaak. Daarom het hy nooit
'n goeie woord vir Son gehad nie, maar skel Son die heel dag uit.
Eendag was dit baie warm, en na ou gewoonte jag hy net in die nag of
as dit onweer is, en hy lê oordags te slaap. Tier het onder hierdie
boom, dan weer onder daardie boom gaan koelte soek; maar dit is en dit
bly maar warm. Toe begin hy weer vreeslik op Son te skel en swets. Hy
kruip daarop in sy pondok om te kyk of dit daar nie koeler sal wees
nie. Son steek toe die veld met sy groot hitte aan brand.
Toe Tier die vuur ruik en hoor kraak, spring hy uit. Hy was aan al
kante deur vlamme omring, want die hoë gras en bossies om sy hut was
vol in die vlam. Daar was geen ander raad vir hom nie as net om oë
toe te maak en dwarsdeur die ruisende vlamme te spring.
Dit het die hare van sy bont karos lelik geskroei en gebrand, sodat
dit nog bonter geword het. Hy is 'n man wat nie so goed oordags as
snags kan sien nie, so staan hy lank rond te kyk watter koers hy sal
vat om vir hom 'n ander woonplek te gaan soek.
Daar naby is 'n koppie, maar daar woon Boesmans in; dog hy gaan kyk,
want dis die beste om te sien of hul nog daar is. Hy stap soontoe en
gewaar daar niemand nie. Daar is 'n mooi koppie met 'n soort spelonk,
wat rondom met groot en digte bome begroei is--so net na sy sin!
Hy roep by homself uit: "A, hier sal Son my nie kan brand nie; want
die bome is dig en groen, en die klipgrot is lekker koel, aangesien
Son nie deur die dik rotse wat bo-oor die grot lê, kan skyn nie,"
of soos hy dit uitdruk: "Son kan nie met sy warm pyle deur die groot
rotse skiet nie." Hy neem toe daar sy intrek en maak van toe af nie
meer vir hom bossiehuise of pondokke nie.
Saans as Son haas ondergaan, of as die wolke dik toetrek en Son belet
om te skyn, dan gaan hy op een van die oop rotse lê en beskou dan
die wêreld van gaatjie tot hoekie na alle kante toe of hy nie wild
sien rondwei nie.
Eendag, toe dit so stadigaan motreën, sien hy 'n hartbees wei
nie veraf nie. Hy loop met 'n ompad tot hy onderkant die wind
kom. Saggies-saggies seil hy voorwaarts. Voetjie-vir-voetjie kruip
hy nader en nader, tot hy gereed is vir die spring. Toe trek hy hom
inmekaar, raap hom op, en bo-op die hartbees sit hy! 'n Worsteling
vir enige oomblikke vind plaas--Tier pak sy prooi onder die keel,
verwurg hom; en daarop byt hy 'n wond onder die keel, waaruit hy die
bloed suig. Hieraan het hy reeds 'n goeie maal. Die hartbees self
sleep hy onder 'n bos, en hy gaan daarop op 'n dik oorhangtak van
'n nabystaande boom lê om sy kos verder op te pas.
Nie te lank nie, of hier kom Jakkals aangedraf. Hy snuif hierdie kant
toe, dan weer daardie kant toe en draf 'n entjie in die rondte--altyd
met die neus teen die wind in die lug.
Ai, hy ruik vir Tier in die boom. Dadelik begin hy te tjank met
uitgesteekte tong en kop in die lug. Ja, en hy smeek net jammerlik
tog net maar om 'n klein stukkie vleis.
Tier word vererg, want hy wil nie laat weet dat daar kos is nie;
so roep hy gebiedend uit: "Sal jy jou snater hou!"
Jakkals skrik en spring 'n entjie terug, maar begin nog treuriger
te tjank.
Tier erg hom tot in sy hart aan Jakkals, en hy spring af. Jakkals
swenk om die bos, vat 'n sykoers; Tier hol reguit, en so verloor hy
vir Jakkals glad, en hy kom oor 'n ruk weer na sy boom terug.
Hy gaan snuffel-snuffel op die einste tak lê; maar wat bemerk hy
tot sy teleurstelling: drie Boesmans en 'n paar meide het gekom
solank hy spoorgesny het en na Jakkals gesoek het; die Boesmans het
om die hartbees 'n doring-kraaltjie gepak; want die hartbees het in
'n opening tussen doringbosse gelê, sodat dit gou geskied het. Die
Boesmans het dadelik bemerk dat dit Tier is wat die hartbees doodgebyt
het, en hul verwag hom iedere oomblik; daarom was hul so gou.
Die reën het lankal opgehou, en dit word net sterk donker. Tier maak
toe 'n ander plan as om drie gewapende mans met hulle vroue aan te
val. Hy draai hom dig toe in sy karos, hy stap na die Boesmans toe en
sê dat hy 'n reisiger is en vra of hy maar kan inkom om daar binne te
slaap. Hy vertel daarby dat hy nie honger het nie, maar net slaapplek
kom soek. Sy berekening is om die Boesmans in hulle slaap aan te val
en op te eet; want dan kan hul nie so gou hulle pyle en boë in hande
kry nie.
Die Boesmans ken hom nie en maak die nou poortjie van die doringskerm
oop en laat Tier ewe gerus binne. Tier gaan in 'n donker hoekie sit
en vra hul om hulle nie aan hom te steur nie; want hy kom van ver,
hy is moeg en het 'n swaar hoofpyn. Dit sê hy om in die donker te
kan sit; want lig en vuur is mos nie sy maters nie. Maar bowenal
is sy grootste doel dat hul hom nie moet ken nie; daarom is hy dig
in sy karos toegedraai, sodat net die puntjie van sy neus lug deur
'n skeurtjie van die karos kan kry.
Hulle begin te slag en gesels, maar Tier sit doodstil in die donker
hoekie.
Met die slagtery en gewoel glip die klipmes van een van die meide uit
haar hand en val naby Tier se voete. Met die soek na die mes sien sy
Tier se twee voete onder die karos uitsteek. Sy skrik sonder om 'n
geluid te maak; want nou is hul binne-in die skerm met Tier ingesluit,
waar hy hul maklik kan doodmaak.
Ewe teenwoordig van gees sê sy: "Ons braai hier vleis en vergeet die
nes vol volstruiseiers! Kom saam, want dis donker; laat ons algar
gaan om die eiers te gaan haal."
"Watter volstruiseiers praat jy van? Hoekom weet ons daar dan niks
van nie?" merk haar man ewe onskuldig op.
"Hoe kan julle dan daarvan weet as ek jul nou eers daarvan vertel,"
werp sy teë.
"Hoe ver is dit hiervandaan?" vra 'n ander.
"Hier naby--net hier digteby," was haar antwoord.
Hulle was meer met die hartbeesvleis as met volstruiseiers tevrede en
was ook bang om in die donker uit te gaan, want hulle verwag mos vir
Tier iedere oomblik van buite af. Dog die meid knip oë vir haar man,
en hulle verstaan dadelik wat sy meen. Maar die ander meid vang nie
wat gaande is nie, so hou sy by haar man aan om maar te bly; dog hy
lei haar saam met hulle uit; en toe hul 'n entjie opsy staan, sê die
meid: "Ons verwag vir Tier van buite af, en al die tyd sit hy by en
tussen ons."
Die drie mans span hulle boë en skiet op Tier tussen die takke
deur; hy kon nie uitvlug nie, want die poortjie was met die uitstap
toegetrek. So het Tier binne-in die skerm aan sy einde gekom.
NO. 44.
YSTERVARK EN VLERMUIS.
OPMERKINGS:--Hierdie storie vertel ons iets oor die gewoontes
en geaardheid van Ystervark en Vlermuis. Ook word iets omtrent
Uil vermeld.
Daar was in die ou dae 'n ou Boesman en sy ou vrou wat aan die ou
geslag behoor het, en hulle het 'n kleinjong en 'n kleinmeidjie as
enigste kinders gehad. Toe die moeder sterf, was die kleinmeidjie
nog baie jonk en begin net rond te loop; maar die kleinjong was al so
groot dat hy goed kan rondhardloop en sy ouers met klein handreikinkies
kan help. Maar nou is hulle wesies.
Ná 'n ruk neem die Boesman vir hom 'n ander vrou. Sy was 'n jong meid
en het nie baie van ander mense se kinders gehou nie; so het haar twee
stiefkinders dit maar nie alte lekker onder haar behandeling gekry
nie. Vir die kleinjong het sy ekspres op velle van springbokke laat
speel, en het die boog wat sy vader vir hom gemaak het, met vleis van
springbokke gesmeer. Daarom het die gees van die springbokke so in die
kleinjong en sy boog getrek dat al die springbokke vir hom bang was en
hom nooit 'n kans gegee het om naby hulle te kom nie. Maar die seun
was net soos sy pa--baie vlytig--en het baie pyle, klein en groot,
gemaak. Maar met hulle op 'n afstand raakskiet, was net verniet. Vir
die arme meisiekind het die stiefmoeder totaal verwaarloos en het
haar baie honger laat ly; die arme kind het meestal van goggatjies
en vlieë moes lewe. Die vader se raas en rusiemaak oor die slegte
behandeling van sy kinders het niks gehelp nie. Hy is die meeste van
die tyd in die veld om te jag om vir hulle kos te soek. Kom hy tuis,
dan het hy so goed en lief as hy in staat was, vir sy kinders gesorg.
Maar daar was geen groei in sy kinders nie; hulle was en bly maar
twee brokkies van die menslike geslag.
Een aand toe dit skemer word, stap die stiefmoeder na die hutte van
haar bure om te gaan dans; want daar was baie heuning daardie dag
uitgehaal en na daardie hutte toe gebring. Die vader van die twee
kinders het ook 'n sakvol heuning gekry; maar hy was nog in die veld,
op pad huis-toe. So sit sy twee kinders alleen tuis.
Die gestorwe eie moeder van die twee kinders stuur toe vir Uil
na haar kinders toe. Uil is 'n towenaar en kan hom in 'n man of
uil verander. En hy doen hom toe voor as die regte vader van die
kinders. Hy neem die twee kinders met hom saam na die klipkranse waar
hy woon. Hy gee hul toe veldkos en veldvrugte, wat daar baie van was;
dog die kleinmeidjie was maar te gewend om goggatjies te eet, sodat
sy liewers haar gewone kos verkies as veldkos. So verander Uil die
seun in 'n ystervark; sy pyle, wat baie was, verander hy in penne,
wat in die karos van die kleinjong bly vassteek, sodat niemand hom
durf aanrand nie. En die meidjie verander hy in 'n vlermuis, wat van
goggatjies, tot vandag toe nog, lewe. Hy wys hul toe 'n spelonk aan
om in te woon. Ystervark kruip in 'n skeur, en Vlermuis gaan bo aan
die gewelf van die spelonk hang.
Voor die towenaar hul verander het, het hy hul eers verbied om weer
terug na die hut van hulle ouers te gaan; en ná hy hul verander het,
het hy hul vuurvliegies gegee om te eet, sodat hul goed in die donker
kan sien. Van toe af kan hul net in die nag sien en was blind in die
dag as die son skyn. Kom hul in die daglig uit, dan hol Ystervark
teen die klippe en bosse vas, en Vlermuis vlie teen bome en rotse aan,
waardeur hul baie seer kry.
Van daardie tyd af woon Ystervark en Vlermuis saam in gate.
Die ou towenaar het hom dadelik weer in 'n uil verander; ook het hy
die afgestorwe moeder van die twee in 'n ander soort uil verander,
sodat sy snags haar kinders kan sien en vir hulle besoeke bring. Sy
gaan toe bo in die krans in 'n klipskeur slaap wanneer dit dag is,
terwyl haar kinders onder die krans in die grot en klipskeur gedurende
die dag hulle rus neem.
Saans as die son ondergegaan is, as een ster ná die ander dof aan die
hemel begin te vertoon, is die moeder-uil die eerste om haar plek te
verlaat. Voor sy uit haar skuilplek kom, open sy haar groot oë, rek dit
sku vir die lig oop en kyk of dit dalkies nog te lig is. Vind sy dat
daar nog te baie lig is, dan byt-byt sy met haar bek asof sy wil vra:
"Wanneer word dit dan regtig donker? Ek het mos al baie honger." Sy gee
'n lui gaap, knyp haar oë vir 'n rukkie dig toe om nog 'n bietjie te
sit en wag. Is dit naderhand donker genoeg na haar sin, dan verlaat sy
met 'n gil haar plek en gaan naby in 'n boom sit om te kyk of dit nou
regtig donker genoeg is. Sy vlie weer verder, en dan weer verder, tot
sy ver is. Gewaar sy 'n slapende voëltjie, dan pak sy hom; of sien sy
'n muis, dan val sy op hom aan en sluk hom heel in. Dog die toestand
waarin haar twee weeskinders verkeer, grief haar diep; en af en aan
gee sy 'n diep kreun, asof iets haar hart erg pynig.
Daarna kom Vlermuis met haar klein karossie uit. Sy hou met haar
handjies twee punte vas om as vlerkies to dien. Vrolik vladder sy deur
die lug en begin dadelik die muskiete en klein goggatjies wat rondvlie,
te vang. Onder die oorhangpunte van die krans soek sy spinnekoppe
en vlieë; ook die spinnerakke tussen bosse versuim sy nie om te
deursnuffel nie. En al wat in die gogga-soort daaraan kleef, is hare.
Arrie, wag, hier kom Ystervark uit. Hy luister of hy niks
hoor nie. Daarvoor staan hy botstil; want hy kan baie fyn
hoor. Voetjie-vir-voetjie, sonder raas, gaan hy voort--altyd met die
neus teen die wind op; want net so fyn as sy gehoor is, net so skerp
is sy ruik ontwikkel. Hy ruik hierdie kant toe, dan weer daardie kant
toe om seker te maak of alles veilig is. Ag hy dit raadsaam, dan stap
hy huiwerig voort; want hy hou hom nog altyd gereed om kortom na sy
nes om te spring as 'n gevaar hom skielik bedreig. Al die tyd vladder
sy sustertjie, Vlermuis, vrolik oor hom in die lug. Sy is bly om hom
weer te sien.
Saam gaan hulle veld-toe; hy grawe veldkos, sy vergas haar nog steeds
aan die vlieënde goggatjies. Hulle slaan ag op die sterre en melkweg
om te weet wanneer dit weer dag sal word; dan moet hul tuis wees--nog
voor die eerste ligstrale die dagbreek aankondig.
Vlermuis is veilig, want sy kan so lugtig met haar karosse deur die
lug omkantel en ronddartel. Maar Ystervark glad nie--al het hy al sy
pyle (penne) met hom meegebring. Hy kan met sy pyle maar net 'n klein
entjie ver skiet. (Dis 'n Hottentot- en Boesman-bygeloof.) Maar ver
kan hy glad nie skiet nie.
Wag, hier kom Jakkals aan. Ystervark gaan stilletjies met sy kop in
die bos staan, en hy wys sy penne. Jakkals kom agter verby. Ystervark
is klaar en los 'n paar van sy pyle (penne) op Jakkals en neem die
vlug. Hy vlug in 'n nou gat--kop na voor en die punte van sy penne
na agter--en staan in verdediging klaar vir Jakkals. As Jakkals goed
oortuig is dat dit nou neusie-verby is met hom, dan draai hy droë-bek
om en vat sy ou gewone draffie glad in 'n ander koers om iets beters
te gaan soek.
As Ystervark bemerk dat alles weer veilig is, dan begin hy weer veldkos
te grawe tot hy genoeg het. Al die tyd hou hy die sterre en melkweg
(of hemelstraat) in die oog om te sien hoe lank hy nog kan wei,
rondslenter en plesier neem.
Vlermuisie word haastig en roep hom om te kom om huis-toe te gaan. Ewe
plesierig maak sy tuimelinge deur die lug en vat koers na hulle
slaapplek toe; want die sterre en melkweg lê in die posiesie om die
spoedige aanbreek van die skimmeldag aan te kondig--en dan moet hul
al veilig op hulle rusplek wees.
Ystervark volg; want hy weet as Vlermuis trek, dan is dit tyd om nie
langer te versuim nie. As hy naby sy nes kom, stap hy eers om en om
tot hy onderkant die wind kom om te ruik of dit daar by sy nes nog
alles veilig is. Hy het sy toorgoed om sy voorlêers aan slaap te maak.
Maar die Boesmans ken al die laaie van Ystervark. Hulle wat by die
bek van die nes voorlê, voel so vaak dat hul nie hulle oë langer
kan oophou nie. Dog hul weet dat dit Ystervark se paljas is; so
probeer hul hard om nie te roer of te slaap nie. Hulle gewaar vir
Ystervark--hulle skiet, die pyl tref, en daar het hul hom! Maar gewaar
Ystervark vir hulle die eerste, en vroegtydig, dan is dit Piet-se-twak
met hulle: Ystervark neem die spat, en dis dan die laaste sien van
die blikkantien!
NO. 45.
TWEE IN EEN SKOT.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n skildering uit die lotgevalle
en bygeloof van Boesmans.
Dit was 'n voorspoedige dag op die jagveld: 'n Boesman en sy broer
het met twee springbokke en 'n jakkals die aand tuisgekom. Toe dit
skemer word, begin die slagtery en braaiery van springbokvleis, terwyl
dié van die jakkals in 'n pot gekook word. Een van die meide het die
lewer en hart van die jakkals vir haar persoonlik in 'n klein potjie op
die vuur gesit, want hiervan mag die kinders nie eet nie--vernaamlik
die hart. 'n Jakkals is maar vreesagtig; en as kinders sy hart eet,
dan groei hul as bangbroeke op en word so lafhartig dat hul vir die
kleinste geritsel nes 'n jakkals weghol; daarom gee Boesmans nooit
die jakkals se hart aan hulle kinders nie. Maar die oues wat nie meer
bang ken nie, mag dit eet; en daarom het die meid dit afsonderlik
vir haar in 'n potjie klaargemaak.
Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met
die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met
springbokvleis oorlaai en het toe vir haar verder aan haar lekkerny
vergas. Bowendien het sy nog 'n bietjie ongesteld gevoel, so het sy
vroeër as die ander onder haar velle ingekruip. Die ander het ook nie
lank versuim nie en het, versadig, haar voorbeeld kort daarop gevolg.
Toe alles rustig was en algar hardop snork, kry die meid 'n aaklige
droom; en sy begin te skree of sy vermoor word. Die ander skrik wakker
van haar geroep. "Hier is 'n leeu! Hy byt my! Help, help!" skree sy,
en sy ruk haar kop onder die velle toe.
Dit word toe 'n gedoente--die mans is verwar, die kinders huil,
en die meide druk hul koppe onder hulle karosse toe.
"Waar, waar is die leeu?" roep die mans.
"Hier by my! Toe kom help!" antwoord die meid.
Dis 'n kwessie van lewensgevaar; die mans gryp hulle boë en asgaaie
en soek die danige leeu. Hulle vind niks nie: toe roep haar man uit:
"O, ek weet wat dit is; dis die hart van die jakkals wat jou nou kom
bangmaak!" En daar was 'n gelag van die ander wêreld. Almal is nugter
wakker, en hul begin weer te braai.
Die meid was 'n bietjie skaam, en om die saak reg te plooi merk sy
op: "Wag, julle sal sien dat hierdie droom, wat my kom waarsku het,
nie pure verniet is nie."
"Aag, bog," roep haar man uit, "drome lieg!" (want Boesmans heg nie
so baie waarde aan drome nie, daar hul so baie keer bedroë daarmee
uitgekom het). Ná hulle weer geëet het, gaan hul weer inkruip en
slaap. Skemerdag was die klomp almal wakker en braai toe die vleis
wat nog oorgeskiet het; want die dag om weer te gaan jag, breek aan.
Onder die eet sit die man van die meid meteens doodstil en sonder
om 'n woord te praat; hy dink diep ná hy sy mondvol vleis haastig
ingesluk het.
Algar merk dit en sit hom verwonderd aan te kyk, sonder om te vra wat
dit beteken. Hy onderbreek die stilte en sê: "Ek voel my vleis op my
rug kriewel; dit beteken dat 'n gensbok hier naby sy rug met sy horing
krap. Ek voel nou die gekriewel van agter my nek af tot in die waai
van my bene; dit beteken dat ons gensbokke gaan skiet en huis-toe dra,
want dis hulle bloed wat agter my rug aftap." Hy kyk op na die kinders
en sê: "Toe kinders, loop koes-koes en klim daardie koppie uit en
kyk of jul nie wild gewaar nie. Maak gou en kom vir ons dadelik sê."
Sonder om 'n oomblik te wag spring die kinders weg, buk-buk deur die
bossies; haastig, dog onopgemerk, beklim hul die koppie en saai hulle
oë oor die omliggende veld. Meteens fluister een van die kinders:
"Mintig, kyk hier vlak voor ons onder die koppie wei 'n klompie
gensbokke!" Saggies hol hul terug en kom dit aan hulle ouers vertel.
Die son wou net uitkom.
Die mans gryp hulle boë en pylkokers; hul kyk na die koers van die
wind om juis te weet op watter plek langs die koppie hul die wild
moet gaan voorlê. Duik-duik hol hul soontoe. Elkeen vat daar vir hom
'n wegkruipplek; en die man wat die krieweling agter sy rug gevoel het,
steek hom agter die stam van 'n dik boom weg, en hy loer.
Goeie genugtig, wat sal hy sien! Kort voor hom lê 'n knewel van 'n
leeu, wat ook die gensbokke voorlê. Die Boesman werp 'n blik teen die
boomstam op om te sien of daar maklik opklimplek is. Toe hy daarvan
oortuig was dat hy sonder om te sukkel die boom kan in vlug, rig
hy weer sy oë op die leeu, wat die Boesmans nog nie gewaar het nie;
want die leeu se aandag was te onverdeeld op die gensbokke bepaal. Ook
die wild het die wind aan hulle sy en merk nog geen onraad nie.
Wat nou gedoen? Stil lê is die veiligste vir die Boesman.
Die bokke wei nader en nader. Die leeu ag dit sy tyd om sy dodelike
spring te maak. Hy raap hom op, en daar het hy 'n groot gensbok. Die
ander bokke skrik, en hulle kom so naby die ander jagters dat elkeen
'n raakskot kry; net die een in die boom skiet nie. Toe eers gewaar
die leeu die Boesmans, en die ander Boesmans gewaar ook vir hom. By
hierdie tyd sit die een Boesman al in die boom en roep aan sy maats
uit om ook in bome te klim, want hy sal 'n geraas maak dat die leeu
hom in die oog moet hou.
Die leeu staan by sy bok wat hy gevang het, kyk na die een in die
boom en waai sy stert. Af en toe werp hy dwars blikke om die doen en
late van die ander jagters gade te slaan.
Dog hy was onder pylskot van die boom. Die pyl vlie en tref die leeu
in die week van sy kruis--en dit is oorgenoeg!
So het die boomklimmer 'n gensbok en 'n leeu met een pylskot.
NO. 46.
DIE HAMERKOPVOËL EN DIE SWAWELTJIES.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is aan my in 1885 deur 'n Transvaalse
Boesman vertel.
Die hamerkopvoël weet van meer dinge as ons van weet. Diegene wat
verstand het, verstaan wat hy vertel; maar dié wat nie verstand
besit nie, weet ook nie om hom te verstaan nie. Hy bou sy huis bo-op
'n oorhangklip van 'n steil klipkrans wat by 'n gat water is. Sy
nes maak hy van stokke en gras, en dit is so groot dat dit 'n halwe
wa-vrag hout is. Die deur van sy huis maak hy op die randjie van die
oorhangklip, sodat hy maklik na onder in die gat water kan kyk.
In die water sien hy die gedaante van bome, berge wolke, van die
son, maan en sterre. En hy verstaan alles wat dié goeters vir hom
kom vertel. Hy gaan dan die tyding aan die betrokke mense vertel;
want hy bly nie stil as hy iets weet nie.
Die swaweltjies (kransswaweltjies) maak weer hulle huisies onder die
oorhangklip. Die nessies lyk soos die maan, waarvan die twee horings
na bo staan. Die kransswaweltjies bou hulle huisies van klei op
'n hoop en maak nie tuite vir deurtjies soos die huisswaweltjies
nie. Daarom lyk hulle nessies in vorm nes die afsterwende maan;
want Hamerkop het hul gesê om dit so te bou.
Nou, die maan, as hy 'n bak na boontoe maak, dra die lyke van mense
wat net gesterwe het. En die swaweltjies is gestorwe kindertjies wat
weer lewendig geword het. As die maan weer half word, dan verdwyn
die holte, en dan is daar nie meer plek vir die kindertjies nie;
so val hul uit die lug en word dan swaweltjies. Hamerkop gaan hul
dan haal en bring hul na die nessies wat net soos die gehoringde
maan lyk. Ja, hy leer hul selfs om so 'n patroon van nessie te maak;
en die swaweltjies hou net baie daarvan.
Hamerkop het die swaweltjies aan Son gegee. As dit winter word en
Son trek noordwaarts weg, dan roep hy sy kindertjies om saam te gaan
waar hy lekker gaan skyn en waar hulle by 'n ander Hamerkop kan gaan
woon. Op hulle reis deur die lug soontoe, en met hulle terugreis
hiernatoe, sien en gewaar hul baie dingetjies. Dit alles gaan hul
aan Hamerkop vertel. Hy sit dan mooi na hulle tierelier te luister,
en dit maak hom ook nog slimmer.
Een aand toe dit donker word, kyk Hamerkop meteens voor hom uit sy nes
op die water (want die bek van sy nes gaan skuins van onder in). Hy
sien in die water dat 'n groot moordbende van lang swart mense in
aantog is. Hy vlie dadelik uit en roep vir Uil, wat ook daar naby sy
huis in dieselfde krans het, en sê dat hulle twee die Boesmans moet
gaan waarsku dat hulle lewe in gevaar is.
Die twee vlie toe weg en kom by die eerste en verste Boesmans hulle
kraaltjie aan. Hamerkop vlie heen en weer in die skemer oor die hutte
en maak sy skril geluid keer op keer. Uil gaan in 'n boom sit en sit
daar te hoe-hoe. Dog dit was dom Boesmans wat nie verstaan nie; hulle
klap op hulle hande om vir Hamerkop weg te ja, en die kinders neem
klippe en gooi Uil daarmee. Die gevolg was: albei, Hamerkop en Uil,
vlie bedroef weg.
Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan,
en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook
hier begin hul die twee weg te ja; maar daar was 'n stokou Boesman,
wat slim is en dinge verstaan. Hy roep uit dat die ander nie so moet
maak nie. Hulle hou dadelik op en hol na die ou man toe om te hoor
wat hy te sê het; want algar het hom as baie verstandig beskou.
Hy antwoord toe: "Arrie, waarom doen julle sulke dinge? Hoor jul nie
dat die twee voëls ons kom waarsku nie? Wag, stil, laat ek eers hoor
wat hulle te sê het."
Ná die voëls hulle waarskuwing uitgespreek het, vlie hul weg; en toe
vertel die ou man dat die twee kom vertel dat 'n moordbende Kaffers
in aantog is en dat die statjie se volk gereed moet wees.
Die anderdagoggend toe die swaweltjies uit hulle nessies vlie, roep
Hamerkop hulle en sê dat hul in die water moet kyk, dan sal hul 'n
moordbende Kaffers in die verte sien aankom. Die Kaffers sal vanaand 'n
kraal van die Boesmans aanval, dan sal hul weer baie kinders vermoor,
sodat die swaweltjies weer 'n klomp boeties en sussies sal bykry.
Die swaweltjies treur toe oor die slegte tyding; want hulle self
was net so deur ander vermoor of deur siekte omgekom. Hulle sweef
toe laag oor die water om daarin te kyk om te sien wat in die verte
aangaan. Daardie dag egter het stil verbygaan; al wat hul in die
water gesien het, is hoe die lang swart mense in aantog is.
Daardie aand verskiet daar baie sterretjies. Die swaweltjies kan
uit hulle huisies op die water sien hoe die sterre heen en weer
verskiet. Sommige word benoud en dink dis die swartes wat so met vuur
rondsmyt. Dog Hamerkop kom uit en kyk hoe die sterre in die lug nes
vuurstompe rondvlie. Hy roep uit: "Nou moor die groot swartes die
klein bruinetjies uit. Ek kan sien, dis by die eerste en verste kraal
waar Uil en ek gisteraand was. Hulle daar wou mos nie vir ons glo nie."
Hy kyk gedurig in die water en in die lug. Later in die nag begin weer
enige sterre met langer sterte te verskiet. Die swaweltjies word toe
weer vir die skietligte bevrees en begin weer te woel.
Maar Hamerkop sê: "Wees julle maar gerus; die groot swartes maak nou
die aanval by die twede en naaste kraaltjie, waar Uil en ek gisteraand
was; die Boesmans sit daar gewapen in 'n kliprandjie en skiet die
groot swartes by hope dood--ek kan in die water sien hoe hul omrol."
Maan was net by hierdie tyd weer bak na bo. Die dooies lê weer
in die holte; maar ná enige dae was die hol plek gelyk toegegroei
(eerste kwartier), toe val die liggame van Maan af; en toe Son uitkom,
stuur hy die bruin kindertjies van die Boesmans lewendig na Hamerkop
toe. Hulle word swaweltjies en word ewe lief deur die ander boeties
en sussies verwelkom. Dadelik begin hul naas die ander vir hulle
halfmaannessies bou, sonder dat die ander swaweltjies hulle belet.
Vir die groot swart Kaffers het die Son in swart kraaie verander--die
soort kraaie wat so in die mielielande kan pla; want Kaffers leef
mos van mieliepap. Net soos die Kaffers kan hard praat en raas, net
so 'n rumoer skop daardie swart voëls op. Daarom wou Hamerkop vir
hulle nie by hom in die krans hê nie. So het die swartgoed getrek en
woon weer waar hul vandaan gekom het, en pla daar tot vandag toe nog
straf in die mielielande; terwyl Hamerkop en die kindertjies van Son,
die swaweltjies, tot vandag toe nog in kranse saam in liefde woon.
NO. 47.
DIE WOLKE.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n blote beskouing oor wolke en
wat enkele wolke beteken--natuurlik 'n Boesman se opvatting.
Wolke! Wat vir goed is dit? Algar die wolke is nie van een soort
nie. Daar is wolke wat reën uitgiet, en daar is van hulle wat droog
is en nie water bevat nie. Dan is daar donderwolke, wat water, vuur en
swareweer-stene bevat; en daar is wat net hare, vere en wind bevat. So
is algar die wolke glad nie eners nie.
Die wind is die asem van al die goed wat lewe. So is die stormwinde die
asem van Grootvoël, wat in 'n gat in die berge woon, wat hom in wolke
kan wegsteek en wat dan na die see vlie om reën te gaan haal. Dan
kom hy met groot gedruis in die wolke; hy blaas met sy bek en klap
met sy vlerke sonder om uit die wolk te voorskyn te kom. Daarom waai
daar altyd 'n windjie as 'n wolk oor ons koppe heensweef.
As iemand sterf, dan word sy hare wolke. As 'n voël sterf, word
sy vere ook wolke. Maar hierdie soort wolke gee nie rëen nie; want
hulle is net hare en vere, wat nie water bevat nie; daarom kom hul
en verdwyn sonder om 'n druppel te laat val. Want hulle is hare en
vere wat somar maklik deur die asem van Grootvoël verjaag word.
As iemand gesterwe het, dan staan sy spore nog vars in die sand asof
die persoon nog leef; maar hy is dood. Sy asem, wat sy wind is,
het klaar uitgewaai, sy hart het omgekantel en kan nie meer roer
nie. Daarom kom die stormwind en waai die spore van die afgestorwe
persoon gelyk met sand. Want waarom moet sy spore nog daar in die sand
bly as hy reeds dood is? Is die spore in klei sigbaar sodat die wind
die klei nie kan stukkend breek nie, dan giet die wolke 'n stortbui
uit en wis die spore uit. Want hy vra ook: as 'n persoon dood is,
waarom moet sy spore nog lewe?
As die een se lyk op die aarde dood lê, dan kom die wind en maak
'n sterk warrelwind; en dié vat die lyk op--al is hy onder die grond
begrawe--en bring dit na die hol bak wat tussen die twee opstaande
horings van die nuwe maan is, en hy plaas die lyk saggies daarin
neer. Daarom is dit dat die Boesmans 'n lyk in 'n sittende posiesie
begrawe: hy moet te enige tyd gereed wees om op te staan.
Voor die Dood in die wêreld deur die Haas gekom het, het die mense
en diere maar geslaap tot dit nuwemaan geword het; hulle het dan
weer nes die maan lewendig geword. Maar nou moet hul lank in hulle
grafte sit eer hul weer eendag sal lewendig word. Dan kom die persoon
se wolk neer en dwaal nes 'n swaar mistige weer oor die graf om die
opstandelinge te bedek, sodat die ander nie kan sien dat die dooie
weer lewendig geword het nie. Die hare, of vere, van die wolk kom
weer op daardie een se lyf groei; sy wind gaan weer in hom; en die
een stap rond asof hy nooit dood gewees het nie.
As 'n ongedierte iemand verskeur en opgeëet het, dan bring die mistige
weer al die dele van sy liggaam bymekaar; die dele word klam en nat
en groei weer aan mekaar vas, net soos die persoon of ding tevore
gewees het.
So moet ons die wolke respekteer en eerbied vir hulle betoon. Doen
ons dit nie, dan bring hul nie vir ons reën nie, dan kom hul nie om
ons klam te maak en op te wek nie. Die berge en rotse het die wind en
wolke nie gerespekteer nie, maar het hul verwens en uitgeskel toe die
storms so baie stof en water op hul uitgegiet het. Daarom sal hulle
nooit weer lewendig word nie; maar vir altyd slaap, slaap en slaap.
Grootvoël maak wind wat stofwolke op die aarde voortjaag; hy maak droë
wolke bo in die lug en laat die mistige weer tot op die grond kom. Toe
die rotse gelewe en gejag het, was die mistige weer toegetrek, en die
stof het in hulle oë gewaai, sodat hul die wild nie kan raaksien of
skiet nie. Daarom het hul die wolke en wind verwens; en dis daarom
dat hul nooit weer sal wakker word nie, maar vir altyd dood bly.
En die ding het so gebeur:--
Die rotse was eers Boesmans van die ou geslag. Hulle was baie;
en misskiet?--soiets het hul glad nie geken nie. Hulle het altyd om
hierdie rede baie kos gekry, sodat hul spekvet geword het. Daarom kon
hul later nie meer agter wild hardloop nie. Die enigste plan vir hulle
was toe om onderkant of dwars teen die wind die wild te gaan voorlê.
Eendag met jag sien hul baie springbokke in 'n smal laagte
aankom. Hulle gaan posiesie neem alkante in die randjies. Die wind waai
toe koud, en hulle oë begin van die koue te traan; ook het daar sand
en klippies in hulle oë gewaai. Toe begin hul op die wind te skel;
waarop die wind nog 'n bietjie strawwer waai. Dit maak hul boos, en
hul verwens die wind hier in en daar uit. Toe word die wind woedend,
en 'n storm bars los. Toe kan 'n mens hul hoor te kere gaan. Want
by hierdie tyd was die springbokke so naby dat hul onder pylskot
was. Dog die stof van die getrap van die bokke was so donker dat hul
geen bok duidelik kan erken nie; en die storm was so sterk dat dit al
die pyle in 'n ander rigting dryf. Die Boesmans het al hulle pyle op
die vlugtende bokke opgeskiet, maar nie een bok geraak nie. En wat
die Boesmans nog meer woedend gemaak het, is dat met die geweldige
span van die boogsnare het die velle van hulle duime en voorvingers
afgeskeur, sodat hul vir 'n rukkie daardie seer vingers met jag nie
kon gebruik nie. Toe was hul erg boos en doen niks anders nie as
op die wind en die stofwolk te skel. Hulle gaan toe hulle afgeskote
pyle tussen die gras en bossies soek. Met baie moeite en soek het hul
die meeste gekry; dog die springbokke het ook baie stukkend getrap,
sodat daardie stukkende pyle onwettig was.
Die wind en wolke was baie verontwaardig oor die ou Boesmans dat hul
durf so swets en skel. Hulle kom ooreen om 'n groot bende Kaffers op
die Boesmans af te stuur. Die Boesmans het nog altyd die Kaffers in
vroeër dae teruggeslaan. Maar nou sal hul dit nie meer regkry nie.
Die bende het gekom. Die wind begin sterker en sterker te waai tot dit
in 'n storm losbars. Die wolke het uit die lug gekom en het 'n donker
misbank oor die omliggende grond versprei. Die getrap van die voete
van die Kafferbende wek 'n stofwolk in die droë mistige weer op. Die
wind versamel dit alles en dryf dit oor die ondankbare Boesmans. Toe
was dit geen lewensgevaar vir die Kaffers meer om al die Boesmans te
dood nie; en daar het nie een van hulle oorgebly nie.
Daarop versteen die verstrooide lyke van die dooie Boesmans, en hulle
word rotse. Die wind wou hul nie meer opwek nie; en die wolke giet
hul wel gedurig nat, maar die water gaan nie eens deur die vel van
die rotse nie, sodat hul daarvan geen nut ontvang nie. Daarom het die
wind en wolke besluit om nooit weer die rotse op te wek nie; nou word
hulle geslaan, getrap en geskop van algar wat by hulle verbykom.
NO. 48.
MIERKATTE EN ERDMANNETJIES.
OPMERKINGS:--In hierdie storie word ons iets oor die lewenswyse
van mierkatte en erdmannetjies vertel. Die erdmannetjie is die
waaierstertmierkat, wat niks anders is nie as 'n eekhorinkie wat
in die grond saam met mierkatte woon.
Daar was 'n droogte wat strawwer en strawwer geword het; die waters
gee op, en die wild trek weg. So moes die Boesmans en diere ook maar
volg--almal in die koers van die wild.
Twee huisgesinne van Boesmans het saamgetrek. Op pad het hul dit
met kos en water baie swaar gekry, en hulle kinders huil net gedurig
oor kos en water. Dit het die ouers hulle harte net seer laat voel,
sodat hul soms saam met hulle kinders wou huil. Hier en daar kry hul
'n veldkossie of tel 'n skilpad op of kry 'n nes van 'n lammervanger
of kuikendief waarin òf eiers òf kleintjies is; ook moes hul soms
muise en akkedisse vang om daarmee hulle kinders in lewe te hou.
Maar hoe omtrent water? Dit was hulle doodsteek!
Een aand toe die kinders al van dors wou sterwe en hul algar met
hulle koppe op die grond radeloos lê, hoor die een ou Boesman vir
Groot-Waterslang onder die grond kruip. Dis die groot slang met die
skitterende steen op sy kop, wat vir die Boesmans water in die dor
streke maak.
Die ou man begin met Waterslang te praat; hy strooi gemaalde boegoe
op die grond dat die slang kan ruik en moet weet dat hy water moet
kom maak of aanwys. Hy het die slang geprys, toe weer mooi gepraat,
totdat die slang onder die grond antwoord gee en sê dat as dit in
die oggend lig word, sal hy vir die Boesmans kos en water hê.
Die treurige nag het swaar verbygegaan. Eindelik breek die dag, en die
slang onder die grond roep uit: "Stap na daardie bome waar daardie
groot rotse is; daar op daardie plat klipplaat is 'n baie diep gat
water, wat nooit leeg word nie. Neem julle boë saam en julle sal daar
iets te skiet kry."
Die mans, ewe bly, gryp die leë volstruiseierdoppe; ook neem hul hulle
boë en pylkokers mee. By die water kry hul vir jakkals met sy vrou
en kinders. Hy hol lafhartig weg, dog die Boesmans skiet sy vrou en
al sy kinders dood. Toe drink hul en maak die leë eierdoppe vol om
dié aan hulle vroue en kinders te bring.
Dit was nie eens nodig nie, want by hierdie tyd kom die meide met die
kinders aangestap. Hulle drink en drink asof hul nooit kan klaarkry
nie. Ná die dors verslaan was, maak hul vuur en begin somar al die
vleis van die jakkalse te braai; en op hierdie manier stil hul ook
die groot honger van hulle en van die kinders. Toe haal hul die
hongergordels, of hongerbande, van hulle lywe af en voel toe of hul
nou lekkerder kon asem skep. Van die jakkalsies hulle velle word toe
kinderkarossies gemaak.
Jakkals, natuurlik, voel bedroef oor sy vrou en kinders wat dood
is en wat die Boesmans nou sit en braai. Hy kry die ruik van hulle
gebraaide vleis, en hy sit op veilige afstand bitter te tjank. Intussen
roep hy uit: "Pas maar op vir julle kinders! As ekke wat Jakkals is,
hulle in die hande kry, dan sal ek hul wys hoe dood lyk."
Die ou Boesman roep terug: "Solank ekke wat Boesman is, lewe, sal jy
wat Jakkals is, vir hulle nie in hande kry nie--dit beloof ek jou!"
Waarop Jakkals teëwerp: "'n Dag is 'n dag dat ekke hulle in hande sal
kry! En dan sal hulle dit gewaar!" En hy tjank en huil weer bedroef. Om
nog veiliger te wees, draf hy weg na die randjies se kant toe en gaan
daar muise vang.
Nou sien die Boesmans daar naby die nes van 'n lammervanger
(voël). Hulle gaan die kleintjies, wat al vol vere was, uithaal;
en hul braai dié ook vir hulle kinders.
Lammervanger--net soos Jakkals--voel bedroef en huil oor die kinders
en roep ook uit: "Pas op vir julle kinders! Waar ek hul kry, daar
sal dit nie goed met hulle afloop nie!"
Andermaal roep die Boesman terug: "Solank as ekke wat Boesman is,
nog lewe, sal jy wat Lammervanger is, vir hulle nie in hande kry nie!"
Lammervanger gebruik dieselfde woorde as Jakkals en werp teë:
"'n Dag is 'n dag dat ons ontmoet. Pas maar op soos jy wil!"
Daar die Boesmans moeg was en nou vereers genoeg kos en water gekry
het, besluit hul om daar op die plek enige dae oor te bly om die
water op te pas en om te kyk of daar nie wild sal kom drink nie. Dan
kan hul daardie wild ook skiet.
Daar het genoeg wild gekom, want Waterslang het mooi vir sy mense
gesorg. En daarby het hy hul vertrou. As hy êrens gaan wei, steek hy
die blinksteen wat op sy kop is, sorgvuldig weg eer hy veld-toe gaan.
Nou, as iemand in besit is van so 'n steen, is hy vir altyd gelukkig;
daarom kom daar ontroue gedagtes by die Boesmans op, en hulle maak plan
om hulle weldoener van sy kroon te ontroof. Hulle loer toe die groot
slang af om te sien waar hy die skitterende steen wegsteek. Toe hy
vèr in die veld was, neem hul die steen, en hulle algar vlug daarmee
ver weg.
Toe die slang terugkom, soek hy na die steen, maar kon dit nie
vind nie. Dog Lammervanger, wat al die tyd in die boom gesit het,
het gesien dat die Boesmans die steen gesteel het en daarmee gevlug
het. En hy vertel dit aan die groot slang.
Net toe kom daar leeus water drink, en die slang vra vir die leeus
om die Boesmans te agtervolg en hul dan dood te byt.
Die leeus was dadelik gewillig uit erkentlikheid dat die slang vir
hulle water gemaak het; en ook, hulle het net lus vir Boesman-vleis
gehad. Hulle vat die spore, loop vinnig en vind die Boesmans aan
slaap. Hulle byt die grotes dood, en die kinders vlug in nou gate,
waar die leeus hul nie kan bykom nie. Hulle eet toe die oues op; dog
die kinders bly in die gate. Die slang kom toe daar en was weer baie
bly om sy gewaardeerde steen terug te kry. Hy het geweet die kinders
was onskuldig, so doen hy aan hul niks nie.
Dog Jakkals en Lammervanger het anders gedink en het hul voorgeneem
om wraak uit te oefen, so het Lammervanger oordags en Jakkals snags
die kinders opgepas. Om hierdie rede het die arme goedjies 'n baie
ongeruste lewe gely. Die kinders wat karossies van wildvelle gehad het,
het mierkatjies geword; en dié wat karossies van die jong jakkalsies
se velletjies gehad het, het erdmannetjies geword; dog hulle het
altyd saam in dieselfde gate gewoon.
Soggens, as die son uitkom, dan steek eers een sy koppie by die
gat uit om te kyk of hy nie dalkies vir Jakkals of vir Lammervanger
sien nie. Gewaar hy niks nie, dan kruip hy uit die gat en gaan daar
penorent regop in die son sit om hom eers warm te maak. Dan roep
hy die ander en sê vir hulle dat dit veilig is en dat hul gerus
maar kan uitkom. Die ander kom dan ook kersregop in die sonnetjie
sit. Daar gesels hul nou oor wat hul gaan doen. Wei-wei stap hul van
die gate veld se kant toe. Vuur kan hul nie maak nie, daarom sit hul
in die sonskyn; water drink hul nie meer nie--om die waarheid te sê,
hulle durf nie so ver stap nie; daarom moet hul maar die doutjies van
die plante aflek, en verder grawe hul sapperige wortels en plante en
soek goggas om te eet; want hulle ouers, wat eers vir hulle rysmiere
gegrawe het en wat vir hulle vuur gemaak het, is nou dood en deur die
leeus opgeëet en kan dus vir hul teen aanvalle nie meer beskerm nie.
NO. 49
DIE BOOM WAT AL MAANDE STERF EN WEER LEWENDIG WORD.
OPMERKINGS:--Hierdie storie is 'n karakterskets van 'n deugniet
wat tog eindelik tot groot nut geword het. Dus is kwaaddoen en
rowe by hom nie so 'n groot kwaad gewees nie.
Tatsie was 'n wonderlike Boesman van die ou geslag. Hy het geroof,
gesteel gemoor, en kon daarby toor soos min hom kon nadoen. Hy het
'n onverskillige manier oor hom gehad--so 'n traak-my-nie-agtige
manier, wat maar min bure beval het. Sien hy iets waarin hy sin het,
dan duur dit nie te lank nie, of hy het dit--hoe hy dit in hande kry,
is hom onverskillig. Al maak hy die eienaar dood, dis vir hom of hy
'n vlieg om die lewe gebring het; slaan hy die eienaar daaroor dat
dié op die grond bly lê, dan is dit vir hom of hy 'n slang magteloos
gemaak het. En die ergste van alles is, niemand kon hom baasraak nie.
Gejag het hy nooit nie. Maar om die jagters op te pas, o ja, dit
kon hy goed doen. As hul wild huis-toe bring, dan gaan hy eenvoudig
aansit om saam te eet--die lekkerste en vetste stukke vleis is syne. As
'n meid boesmanrys gaargemaak het, dan gryp hy die pot voor haar weg
en eet hom eers knuppel-versadig; en dan eers sal hy daaraan dink om
die pot na haar en haar kinders terug te stoot--dis te sê as hul mooi
praat. Maar raas hul met hom, dan smyt hy eenvoudig die boesmanrys
in die vuur en gooi die pot boonop flenters. Gaan die kinders water
haal, dan vat hy die water uit hulle hande, drink dan tot hy nes
'n modderpaddatjie opblaas en gee dan die orige water terug--dis te
sê as hul mooi praat. Maar skel die kinders op hom of sê dat hul dit
aan hulle ouers gaan vertel, dan sny hy eenvoudig die springbokpens
waarin die water is, aan stukkies of gooi die volstruiseierdoppe
waarin die water is, aan spaanders, en slaan die kinders inkluis.
Hy dra altyd 'n taai en lang lat by hom om almal wat nie vrindelik
genoeg na sy sin is nie, uit te piets. Wie hom kwaad maak, kry hy
onder die knopkierie.
Om hierdie rede het almal hul maar teenoor hom gedra nes vuur:
buitekant mooi en blink, maar binnekant vuurwarm en boos. Hy is dus
altyd op valse vrindelikheid vergas geword. As hul met 'n aanvallige
laggie vra waarom hy so handel, dan antwoord hy ook met 'n vrindelike
laggie dat hy eendag aan al sy weldoeners 'n groot guns gaan bewys.
"Ja," sê iemand so minlik as hy kan, "Tatsie, jy sal ons glad
vergeet. Eendag is jy dood, en dan kan jy niks meer vir ons doen nie."
"Nou ja, ek meen juis as ek dood is om julle dan te beloon," was sy
versekerende antwoord.
"Nee, Tatsie," onderskep 'n ander die woord, "jy moet dit liewers
doen solank jy nog lewe."
In plaas om hierop "ja" of "nee" te sê, gryp hy sy lang lat en gee
die spreker 'n taai hou oor kop en skouers, en toe brul hy uit:
"Ek sê julle mos, wag tot ek eendag dood is!"
Nou is die vraag: Wanneer sal hy eendag doodgaan, of hoe sal hulle
hom doodkry?
Op 'n sekere aand sit die kinders skilpaaie te braai. Hulle gee hom
'n vet wyfie om te eet. Hulle sien hy haal die skilpad se hart en
lewer uit en gooi dit in die vuur. Hulle vra hom waarom hy dit doen;
en eer hy goed oor die antwoord gedink het, sê hy: "As ek die hart
en lewer van 'n skilpad eet, dan word ek tydelik nes 'n skilpad
self--sonder verstand." Hy skrik toe hy dit gesê het, en wou dit met
'n ander praatjie oorpraat, dog hy was laat. Maar niemand praat verder
daaroor nie.
Een van die listige meide haal onopgemerk al die harte en lewers van
die skilpaaie uit en bêre dit in 'n volstruiseier se dop. Toe hy weer
'n ander aand daar kom om saam te eet, steek sy stilletjies een hart
en een lewer van 'n skilpad in die stuk vleis wat hy vir hom uitgekies
het om te braai.
Ná hy dit gebraai het, sit hy dit smaaklik op te eet. Oor 'n rukkie
kon algar bemerk dat Tatsie kort van verstand is--sy doen en late
was nes dié van 'n skilpad.
Toe gryp een van die mans sy pyl en boog om Tatsie eenkeer van die gras
af te maak. Hy gee Tatsie 'n gifpyl in sy ribbekas, en daar krul Tatsie
om; en ná enige oomblikke was Tatsie nie meer lewendig nie. Hulle neem
sy lyk en dra dit 'n ent die veld in om deur die ongediertes opgeëet
te word. Hulle hoor in die nag hoe die wolwe oor die lyk twis en te
kere gaan. Ja, hul hoor selfs hoe hul die bene kraak en kou.
Nou voel hulle harte lekker, want Tatsie sal hul nooit meer kom pla
nie, en hy sal ook nou aan sy belofte dink om aan hulle die beloofde
weldade te kom bewys.
Maar in plaas hiervan, wat sal hul die volgende oggend sien! Hier
kom Tatsie vrolik en sing-sing aangestap. Hul slaan hulle hande van
verwondering voor hulle monde, maar sê verder niks nie. Ook Tatsie
is volkome onbewus van wat hom oorgekom het--hy vertel net hoe lekker
hy geslaap en gedroom het.
By 'n volgende geleentheid doen die meid weer dieselfde ding, om
Tatsie 'n skilpad se hart en lewer met sy wildvleis saam te laat
eet. Sy het die geheim aan niemand anders vertel nie, selfs nie eens
aan haar man nie.
Weer word Tatsie se verstand duislig. Toe skiet hul hom met drie
gifpyle; en ná hy dood was, bind hul 'n riem om sy nek, maak daaraan
'n swaar klip vas en gaan hom in die rivier in 'n diep gat water
gooi. Die swaar klip sak met hom tot onder op die modder van die
gat. So was daar vir Tatsie hierdie slag nie kans om weer lewendig
te word nie. Hoe kry hy asem?
Hulle gaan toe gerus slaap en verwag dat Tatsie nou in sy dood die
weldade sal kom betaal. Weer sien hul Tatsie die volgende oggend
sing-sing aankom; en hy praat net van die lekker slaap, soete drome
en die lekker swem wat hy gehad het. Ook hierdie slag hou hul hulle
hande op hulle monde, dog praat verder niks nie.
By 'n later geleentheid kom Tatsie weer daar eet, en nogmaals brou
die meid hom 'n hart en lewer van 'n skilpad in; en net soos by die
vorige geleenthede word Tatsie se verstand stomp. Hy val rûensagteroor
en lê vas op sy rug te slaap. Die meid neem 'n groot leë dop van een
van die skilpaaie en plaas dit oor sy gesig. Sy asem word sagter en
sagter tot hy dood is. Hulle vat sy lyk en sit dit saggies in eerbied
op die grond neer, maar 'n goeie ent van die hutte af.
Daardie aand het die nuwe maan net sy verskyning aan die westekant,
ná sononder, gemaak. In die nag kom daar 'n warrelwind, en dié neem
die lyk na die maan toe om tussen die horings in die hol bak geplaas
te word.
Daar het Tatsie nugter wakker geword en kon nie verstaan hoe hy by
die maan uitgekom het nie. Ook daar begin hy met die ander gestorwe
skepsels 'n bombarie op te skop en word net geniepsig. Hulle word
van hom buikvol en wou hom uit die maan smyt. Hy klou aan die een
horing vas en hou so wat hy geleer het; dog die punt van die horing
breek af, en daar kom Tatsie nog met die stuk maanhoring in sy hand,
kop na onder, en val op die aarde dat hy hik.
Maar hy was dood, morsdood van die geweldige val. Nooit sal hy weer
lewendig word nie; want daar was net 'n nat kol waar hy geval het,
en niks meer nie.
Dog namate die maan dag ná dag groei en groter word, so begin
die horing van die maan ook tot 'n boom te groei, en dit word ook
groter by die dag: blomme, blare en vrugte kom daaraan; en dit word
'n geweldige groot boom, wat sy takke ver na al kante uitbrei. En
toe dit vol maan was, was die boom oorlaai met baie lekker vrugte,
wat net soos vleis smaak en wat net so voedsaam is.
Toe kom die Boesmans van alle kante om van daardie lekker vrugte te
eet. Dog hulle kan al die vrugte nie baasraak nie, al dra hul ook
knapsakke en knapsakke vol weg.
Maar ná vol maan, begin die maan af te sterwe. Hierdie boom doen
dieselfde. Sy vrugte word droër en droër by die dag en word net soos
biltong. En toe dit haas nuwe maan moet word, was die boom--stam en
al--tot op die grond morsdood. Toe treur die Boesmans.
Maar toe die nuwe maan hom weer aan die westekant, ná sononder,
vertoon, begin die boom weer uit te bot, gee weer blomme, dra weer
vrugte; en toe die maan vol was, was die vrugte weer ryp--en die
feesviering het so maand ná maand aangegaan. Daar in die land waar
die ou geslag nog lewe, staan die boom tot vandag toe.
NO. 50.
"DIE DIEREDANS" DEUR BOESMANS UITGEVOER.
OPMERKINGS:--Hierdie storie stel voor die wyse waarop Boesmans
die diere in hulle danse namaak en naboots; want die Boesman is 'n
uitstekende klugspeler, en 'n nabootser soos ons min sal kry. Een
aand moes ons met ons vader in die veld naby Katkop aan Sakrivier,
Calvinia, vernag. 'n Paar honderd tree van ons uitspanplek af was
Boesmans (wat dié dag 'n goeie jag gemaak het) besig om te braai
en te dans. 'n Ou vrind wat met die Boesman-taal en -gewoontes goed
bekend was, stap mee. Ná hy aan ieder 'n pruimpie tabak gegee het,
vra hy die Boesmans om die dans van die diere uit te voer. Onder
die verrigtings kon hy ons die nodige inligtings gee. Verder in
dieselfde jaar, op Vryegans, Agter-Pêrel, het 'n Boesman, Hans,
met ons saam vee opgepas. Van elf- tot drie-uur in die dag staan
die vee onder die eikebome, daar die blindevlieë en muggies hul
so pla; dan het ons wagtertjies baie tyd om te speel, en Hans het
ook oorgenoeg tyd om sy stories te vertel, sy klugspele uit te voer
en te dans. Sy beloning is: ons oorskietkos en koffie. So het baie
van daardie deuntjies en woorde van die riele ons bygebly, wat ons
ook later aangeteken het. Byna al die diere kom aan die beurt;
dog ons gee slegs enige, om sodoende die leser nie te verveel
nie. Toe ons 'n kind was, was ons nogal 'n taamlike ekspert om
riele uit te kerf.
DIE KAMEEL SE DANS.
Hier word natuurlik die kameelperd bedoel, wat die geleerdes
giraf noem. Baie van die reëls en parte word oor en oor herhaal,
daar Boesman-gedigte nie 'n groot verskeidenheid oplewer nie. Die
nabootsings is moeilik op papier terug te gee. Onder ramkie- en
tamboerspel lui die dans as volg:--
Boem, boem, boem! Ting, ting, ting!
Daar kom hy aan! Daar kom hy aan!
Kop in die lug, stert na die grond.
Boem, boem, boem! Ting, ting, ting!
Hier kom hy aan, hier kom hy aan!
O hy--stap so wyd, hy vat sy tyd!
O hy--stap so wyd, hy vat sy tyd!
en stap so wyd en vat sy tyd! ens., ens.
Nou dans hul dat die stof so trek.
Boem, boem, boem! Ting, ting, ting!
Daar kom hy aan! Daar kom hy aan!
Hy spalk sy been, hy staan nou drink.
Boem, boem, boem! Ting, ting, ting!
Hier kom hy aan, hier kom hy aan!
Hy trap--een poot hier en een poot daar!
Hy trap--een poot hier en een poot daar!
met een poot hier en een poot daar! ens., ens.
Nou steun hul soos hul dans.
DIE SPRINGBOK SE DANS.
Met die uitvoer van hierdie dans word gepronk en getrippel nes
'n springbok.
Hy trippel bietjie saggies; hy trippel bietjie saggies.
Daar wip hy! Hy wip so!
Hy trippel bietjie saggies; hy trippel bietjie saggies.
Daar wip hy! Hy wip so!
Kom trippel nou so, kom trippel nou so!
Trippel, trippel, trippel nou so!
Trippel, trippel, trippel nou so! ens., ens.
Daar wip hy! Hy wip so! Hy wip so!
Hy skoffel baie saggies; hy skoffel baie saggies.
Daar spring hy! Hy spring so!
Hy skoffel baie saggies, hy skoffel baie saggies.
Daar spring hy! Hy spring so!
Kom skoffel nou so, kom skoffel nou so!
Skoffel, skoffel, skoffel nou so!
Skoffel, skoffel, skoffel nou so! ens., ens.
Daar spring hy! (Klop) Askoek af, askoek af!
DIE KWAGGA SE DANS.
Die kwagga hier bedoel, is wat die geleerdes sebra noem; so word van
die gestreepte kwagga en die vaal kwagga gepraat. Hierdie riel is
ongeveer dieselfde as "Die Witpens-os" van die Hottentots--in ieder
geval, die musiek verskil min.
Die bont-streepperd, die bont-streepperd!
Sy nek die krul, sy hurke dril.
Die bont-streepperd, die bont-streepperd!
Sy voorpoot buig, sy ore klap;
Hy skop sy stert, hy roggel só:
Roggo! roggo, roggo, roggo!
Roggo! roggo, roggo, roggo! ens., ens.
Die wit-streepperd, die swart-streepperd!
Hy wei op gras, hy drink sy taks.
Die wit-streepperd, die swart-streepperd!
Hy byt na grond, hy skop die son:
Poeko! poeko, poeko, poeko! ens., ens.
Die kuifkop-perd, die kuifkop-perd!
Sy poot is rond, sy klou die klop.
Die streepkop-perd, die streepkop-perd!
Hy kap te net, hy draf te mooi:
Poeko! poeko, poeko, poeko! ens., ens.
DIE TOKTOKKIE SE DANS.
Die toktokkie is 'n gogga wat baie op 'n miskruier lyk; maar sy
agterlyf is swaarder en ronder. Waar hy loop, klop hy op die grond
en maak 'n tok-tok geraas--vandaar die naam.
Hy soek na sy vrou
En soek na sy kind;
Hy soek na sy kos,
En sy water is op.
Hy tok-tok, hy tok-tok,
Hy tok-tok, hy tok-tok. Ens., ens.
Hy soek na sy vrou
En soek na sy kind.
Hy tok-tok, hy tok-tok. Ens., ens.
Hy klop met sy lyf
En hoor met sy oor.
Hy soek na sy vrou
En soek na sy kind.
Hy tok-tok, hy tok-tok.
Hy tok-tok, hy tok-tok. Ens., ens.
Hy soek na sy kos,
En sy water is op.
Hy tok-tok, hy tok-tok.
Hy tok-tok, hy tok-tok. Ens., ens.
End of Project Gutenberg's Boesman-Stories, Vol 2 of 4, by G. R. von Wielligh
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 2. DIERSTORIES EN ANDER VERHALE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
Trekkerswee
Met tekeninge van J.H. Pierneef | Totius | 1,877 | 1,953 | Du Toit, J. D. (Jacob Daniel) | af | [
"LCSH=Afrikaans poetry",
"LCC=PT"
] | [
"South Africa"
] | 2005-08-18 00:00:00 | 85 | The Project Gutenberg eBook of Trekkerswee
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Trekkerswee
Author: Totius
Release date: August 18, 2005 [eBook #16543]
Most recently updated: December 12, 2020
Language: Afrikaans
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE ***
Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online
Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net
[Illustrasie: Voorblad]
Totius
Trekkerswee
Met tekeninge van
J.H. Pierneef
Tafelberg
INHOUD
'n Woord van Inleiding
Silwer Strale 1
Goue Gode 31
Groue Grawe 59
'n Woord van Inleiding
Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg
nou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter,
gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond
gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter.
Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem
en Dina trou.
Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die
opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en
Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk.
Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog.
Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand
gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina.
Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier
nog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl.
Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir
letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie
gedig toegeken.
[Illustrasie: "Verlore-klein lê op die Rand / hul huisie in die
trekkersland."]
Silwer Strale
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur;
grasheuwels waar ook riwwe gaan,
met enkele stroompies tussendeur.
Daar is geen hoë berge nie,
want hoog is daar die wêreld self;
en luggies waai daar dun en fris,
of dit stroom uit die blou gewelf.
Die baie dale en klowe wat
die hoogland kruis en dwars deursny,
bied winterskuiling vir die vee
wat anders al te koud sal kry.
En as die eerste rypies val
trek bosveld toe wat kan,
om daar in lekker warrem son
hul winterlaers uit te span.
Maar somers is dit heerlik op
die Rand; dan lê in sonnegewaad
die heuwels soos ramme te sluimer-slaap
langs strome wat lag en praat.
Dan reën die wolke somaar as
hul swaar skuif oor die hoë land,
en die dak van Transvaal se geute spuit
die water weg na alle kant.--
Dáár in die hoë wildheid met
sy huppelende heuwelskoon
het jarelank 'n trekker met
sy vrou en kind alleen gewoon.
II
Verlore-klein lê op die Rand
hul huisie in die trekkersland;
dit is 'n stip net in die wei--
die rietedak en muurtjies van klei.
Daarlanges lê die beestekraal,
waar smiddags doodse stilte daal
as kalfies, in die son gebraai,
die vlieë van hul kop lê waai,
so dom-gerus; en bly-ontsteld
eers opspring as uit ruie veld
die koeie aandraf wat met hul
geloei die awendstond vervul.
'n Bietjie verder van die huis,
waar mielieblare helder ruis
as windgeroer hul sanggeluid
hef bo die dowwe velddreun uit,
lê laer af, 'n klein vierkant,
die rooi geploegde akkerland
waaruit die boer by goeie jaar
sy mielies, ál sy graan vergaar.
'n Enkele perske, aan die lug
gewénd, dra daar sy goudgeel vrug,
en bied, gedroog, in wintertyd,
'n skaars-verkrygbre soetigheid.
Dit is die plasie wat daar leg,
só rustig in die wydte weg--
'n koninkrykie op homself
waaroor 'n helder hemel welf.
III
Nou ry 'n ruiter oor die rant.
Die bodeur 's oop al as hy kom;
net die onderdeur se werwel draai
'n vrouehand by die aanklop om.
Sy groet as sy hom binnelaat,
en vra hom wat sy wense is:
hy moes maar bietjie sit as sy gaan
om pa te sê dat daar mense is.
Sy skuif verby met mooie buig
en stap met ligte voetstap weg.
Die vreemdeling sien skrams nog net
haar volle wese en hare-vleg.
'n Glimp, 'n glans, 'n gouigheid,
nes of 'n gees verskyn.
Maar nooit sal in sy lewenstyd
dié ligbeeld uit sy siel verdwyn.
So half-verleë, asof bespied,
laat sy haar hande strelend gly
oor halme wat in volle saad
hul hooghef aan haar wedersy,
en saai 'n handvol grassaad heen,
denkend so in verbygaan dat
by seëning van wind en reën,
'n enkele wel sal wortel vat.
Intussen kom haar moeder met
'n lekker koppie koffie aan;
sy sit gesels en sien haar kind
al verder na haar man toe gaan.
IV
Hoe lyk dit of die plasie so
allénig in die wêreld leg?
Is daar geen ander plase omheen--
naby en verderweg?
Ek sien daar nog geen telegraaf
of kronkelende spoorwegbaan;
geen stofferige heuwelpad
wat na die trekkerswoning gaan.
Net oor die werf, met kweek deurwas,
lê duidelik in kronkelspoor--
so loop die mens se voet altyd--
die voetpad na die watervoor.
En verder, aan die werf se kant,
juis waar die hoë halme waai,
sien ek 'n tweelingstrepie wat
bevallig deur die velde swaai.
Die tweeling-spoortjies, so gering,
met die maanhaar tussenbei,
is die kompas wat trekkersboer
deur skraal bewoonde streke lei.
Dit is sy seker spoorwegbaan,
meteens sy wisse tel'graaflyn,
waarlanges gaan sy tripp'laar en
sy stadige ossewa-trein.
Wanneer die land kom in gevaar,
dan sien jy langs die lyntjies gly
'n wakker stoet van burgers wat
op wakker perdjies ry.
V
Die moeder kyk maar al weer uit,
die tyd begin nou lank te val;--
daar is haar dogter by haar man,
en ja, daar kom hul al!...
"Dag neef! Is dit die oudste seun
van buurman Koos miskien?
Ek het hom so 'n dag of wat
vir die eerste keer gesien."
"Oom ja, en pa laat vra om saam
in een geselskap op te trek:
alléén sal ons te vreemd ons voel
op Perdekraal se saamkomplek."
"Sê vir jou pa dis goed, my neef.
Kom maar die middag bietjie vroeg,
dan ry ons nog 'n aandskof en
is daar die môre vroeg genoeg.
"Kyk, daar is Perdekraal,
daar waar die laaste heuwels rys."
Oom buig hom oor die onderdeur
terwyl sy vingers wys.
"Wel, oom, dis goed, ons sal so maak."
Dan sal hy ook maar weer vertrek.
Hy gooi die teuels oor sy perd
en ry weer oor dieselfde nek.
Bo-op die nek loer hy verlaas
versigtig nog na agter om,
of hy nog iets kan sien, maar nee,
die nôi het nie weer uitgekom!
VI
o, Die eensaam-huiswaartse rit,
en die eerste gedagtes aan haar!
Dit is die eerste keer dat hy
die uitdraai-paadjie nie gewaar...
Hy is verdwaald, en dis al aand...
Sy droomgedagte is skielik weg,
maar nou sit hy 'n plan te maak--
wat, tuisgekom, te seg.
Sy mense sit aan tafel as
hy inkom met 'n stram gesig
en kort en goed sy boodskap doen
met oë op sy bord gerig.
"Maar, Willem," vra sy suster hom,
"wat kom jy dan vanaand so laat?
Het jy heel-middag daar gesels
en so jou tyd verpraat?
"Ma, hoe lyk Willem vir my so snaaks?
Hy is tog dalk nie doodgegôi
geraak nie in die stilligheid
op die Transvaalse takhaarnôi?"
"Bly stil!" so sê hy nukk'rig-kort,
"Die oom daar was eers vér opsy,
en by die huistoe-kom het ek
verkeerde pad gery."...
Nou word dit langsaam stil aan tafel,
stil word die borde- en messeklank.
Die vader lees 'n stukkie nog,
en sluit met lof en dank.
VII
Die donserige maanlig-nag
die daal so sag, so sag
al op die huis en werf en plaas
waar net maar één hou wag.
Oom Koos se huisgesin het weer
van werf en werk teruggekeer;
en maanlig-nag lê van sy pluim
op elke oog 'n donse-veer.
Die mense-gees, vry in sy lug
van onbegrensde wêreldvlug,
keer in die donker liggaamshuis
ook weer terug.
Dan gaan die deurtjies almal dig;
dan worstel daar by halwe lig
die hart wat waak
en wat die droomwerk moet verrig.
Net Willem slaap vannag nie gou.
Hy loer hoe deur sy raampie nou
die maan 'n sagte lig laat val
of buite lag oor trane-dou.
So voel hy hom: weemoedig-bly.
En ook so rein, so rein daarby,
soos maanlig wat met blanke voet
oor pêrels van die dounag gly.
In slaap sink hy dan eind'lik weg;
hy hoor die woord weer wat sy seg;
hy sien haar gaan weer oor die veld;
hy sien ook weer haar harevleg.
Sy slaap duur tot die son hoog skyn,
die maan laag aan die lug verkwyn,
beeld van sy droombeeld wat
nou bleekrig weer verdwyn.
VIII
o, Die oggendstond op 'n boereplaas!
Daar trek al op die eerste rook.
Hul het gistraand die vraag beslis
wie se beurt of dit môre is
om ketel te kook.
Die môrester het opgegaan;
daarbinne roer al een;
daarbuite bly die rokie draai,
omdat daar nou geen windjie waai
deur vroeë môrewêreld heen.
Die haan het op sy beuel geblaas;
hy spring al van sy tak;
'n mens sal sê dat hy die baas
(so stap hy) is van werf en plaas,
en die transport dra in sy sak.
Hom volg sy vriend, die kallekoen,
'n oue towenaar:
hy worstel met sy slange wat
hy nukk'rig teken in die pad
se stof, met duister vlerkgebaar.
Die kraalvee is al moeg gelê;
hul rek die groot, stram lywe uit.
Daar kom die Kaffer ook al aan
wat koulik oor die douveld gaan
en eers die kalwerhok ontsluit.
Sy emmer ruis van pure musiek,
so vloei dit nou uit volle speen;
musiek ook vir die kalfie als
hy kort-kort om sy moeder wals
op nog onvaste horrelbeen.
Maar kyk hoe staan die osse met
groot oë na die hek te tuur,
totdat die laaste hinderpaal
word uit die mikstok uitgehaal
waaraan hul saans hul lywe skuur.
Die son gaan op, die vee verdwyn.
Net in die onverstoorbre vert'
'n ossespan stap voor die ploeg,
en agteraan die man wat swoeg
by 'n rukkerige stert.
Die môre smelt weer met die dou,
die vrede alleen bly soos dit was.
Net 'n hen spring van haar eiers af
met groot geraas, en die brakhond blaf
vir die enkele kuiergas.
IX
Binne die huis is dit vandag
nie al te rustig, want
moeder en dogters moet bak en slag
vir die groot fees van die land.
En dan--die Kaffers is so baar!
"Daar staan die brood al uitgerys
en die oond is koud! Dis werklik waar,
'n mens moet hul ook alles wys."
"In die ou Kolonie had jy nog
oorlamse skepsels wat gou-gou leer.
Wat het my man met die lang tog
in vredesnaam makeer?"
Maar die dogters staan hul moeder by
met opgestrookte arm:
dit knee die deeg en maak pastei;
en die oond is ook al warm.
Die jong goed kan nie so ernstig wees
of 'n grap word tussendeur gegôi.
"Hierdie tert is nie vir die fees,
maar vir Willem se takhaarnôi."
Net sluip weer Willem deur die kombuis
langs 'n skemerdonker hoek.
"Willem, wat loop jy so deur die huis
nes 'n hoenderhen wat lêplek soek?"
Hy swyg; verdwyn weer ongemerk;
hy's met die saak verleë:
die vrouens wat die wee bewerk
(so dink hy) spot daarmee.
X
Die tyd van trek die kom weldra.
Daar gaan oom Koos se ossewa,
blou-bont geskilder; hoor hoe raas
die wiele op pad na oom Gert se plaas.
Al dadelik van die staanplek af
dril die osse-lywe soos hul draf.
Die vrouens roep: hul skud uit lid,
só ruk en rammel dit.
"Hôi, Willem, hou nou op met klap!
Wat wil jy?... Laat die osse stap."
So roep oom. "Watter haas is daar?
Die middagson sit nog wie weet waar."
Dit help so effentjies, maar dan
praat Willem weer bo die rooibont span,
en die ossedier, so stroef en stil,
voel gou-gou wat sy drywer wil.
So kort-kort teen 'n opdraand blyf
die kettingtou nog taamlik styf,
maar anderkant-af swaai dit somaar slap
as die osse weer raak uit maat en stap.
Hul is te veel, maar oom wil tog
ook bietjie met sy beeste spog.
En dan, dis so armoedig om
met so 'n paartjies daar te kom;
dáár by die plaas, daar by die fees
waar soveel mense saam sal wees.--
Oom Gert se plasie haal
hul as die son nog wakker straal.
XI
Ek hoor van vreemde lente melde
as sangtyd wat genaak,
wanneer die voëls in bome-velde
singend hul nessies maak.
Maar hier's geen sang in hoë twyge
as skat van lentetyd,
maar oral diep en ernstig swyge
van velde kaal en wyd.
Ek hoor van vreemde lente melde
as tyd van blommegeur,
wanneer veldblommetjies die velde
versier met tint en kleur.
Maar hier bloei hul in klein alleenheid,
in aarde dor en vas;
by ons is dit àl golwende eenheid
van velde enkel gras.
Só stil eenvoudig in sy worde,
so sonder klank of praal,
kom hier die lente in ryp-verdorde
geweste neergedaal.
Tog is ons lief sy eerste sprietjies,
die grassies aan ons voet;
tog leer dit ons weer nuwe liedjies
van taaiheid en van moed.
XII
So het eenselfde lentelewe,
eenvoudig, diep en waar,
twee stille wesens sag omswewe--
vir Willem en vir haar.
Daar was geen danse of sangerskore,
geen klank of kleure-gloed;
net liefde stil dié dag gebore
by simple boere-groet--
Nog gaan in droomnag stil sy skrede
na simple boerehuis;
oom Gert se plasie is sy Eden--
sover haar voete ruis.
Die kalwerhok is dan die plekkie
waar hy so graag sou staan
om, loerend deur die klipkraal-hekkie,
haar heeldag ga te slaan.
En nou ... hy kan dit skaars gelowe,
sien hy haar wese weer,
net soos 'n lenteson daarbowe
skaamrooierig en teer.
En nou ... sy gaan met hulle same,
sit op die voorste wa,
terwyl hy roep die osse-name
met sweepslag agterna.
En nou ... hy sien haar liewe kappie,
gestik van enkel sis.
En straks ... doen hy 'n klein vriendskappie
as hul gelaer is.
XIII
Die vuurtjie brand
hoog langs die heuwelrif.
Die duisternis bedek die land,
maar dis 'n duisternis waardeur
die maan se melkies sif.
Die vlamme dans
vrolik in vuurge kring.
Die mense sit 'n krans
en luister swygend na
die keteltjie wat sing.
Dit is die trekkersboer
se late lied wat wek
sy hart en diep hom roer.
Dit is sy vroeë môresang
wanneer hy verder trek.
Geen dans in woel'ge saal,
geen lied van danseres
bied hom 'n blye onthaal
wanneer hy eensaam is--
geen drank uit volle fles.
Sy vlamme dans en spring
al rond die ketel-boom;
sy ketel praat en sing
en skink hom in die drank
wat die ure laat verdroom.
Sy keteltjie is swart
al in sy diens gebrand:
die trooster van sy smart
die bly hom trou wanneer
hy soek 'n vaderland.
Die spoor lê oral in
die ronde hopies as;
en telkens as die dag begin
dan swaai dit by die voorwiel, met
'n voorslag-riempie vas.--
Die vlamme dans
nou rond in vuurge kring.
Die mense sit 'n krans
en luister swygend na
die keteltjie wat sing.
Hul aandag span
nog meer wanneer oom Gert
vertel die storie van
Hendrik en Lettie en
hoe gou hul twee geskeie werd.
XIV
"Hul twee is lammers van een jaar,
hul huppel op een werf,
tot arm sy vader trek vandaar
en swerf.
"Beloftewoord, en dan niks meer.
En ... harte in pyn en hoop,
wyl ryke minnaars kom maar weer
om haar hart te koop.
"Die jaartal skuif so traag.
Gerug van sonde tot haar kom.
Totdat hy bewend waag...
hy is weerom.
"Hul leed blyk dan 'n wolk so rein.
Op huweliksdag
'n soete oorwinningsvrede skyn
in purperprag.
"Maar--die oorlogswoord roep haastig rond.
'Ag, Hendrik, hoe's ons droom so kort!'--
Liefs kort gedroom, as Britse grond
en slawe word.'
"Sy swyg. Sy perdjie huppel al
na Laingsnek weg.
Hy sink met wein'ge in Natal
om ver te veg.
"Dis duisternis en stille nag.
'My vriend, ek sterf by die eerste lig,'--
so spreek hy sag,
'maar Lettie wag haar eerste wig.
"'Laat sy my verre graf hom wys
en eewge trou laat sweer.'
Hy sterf--die dure prys
van vaderland en eer.--
"'n Moeder veeg haar trane af.
'n Kinderhand die kransie hou.
Hul staan voor 'n gesonke graf.
Dit was die eerste daad van trou."
XV
Die nag is heen, die môre is grys;
'n plaat van tente en waens wys
waar Perdekraal se steenhoop rys
teen hoë hange.
Daar staan hul aan die grond gepénd
die geweltjies so mooi orent--
die eie maaksels, tent aan tent,
in suiwer range.
o Trekkersvolk, my hart ontgloei!
Ek sien hoe jul die vreemde boei
verbreek het, om dan uit te bloei
tot eie nasie.
Nie net 'n eie vaderland,
nie net 'n eie vlag geplant,
maar àlles maak van eie hand--
geen imitasie!
Hoe lê die tentseil, baan aan baan.
Hoe wakker bly die nokke staan.
Die klappies netjies oopgeslaan--
mooi eenheid same.
Sy staan daar by die wa se as,
die huis van doek, so lossies-vas,
skoon nes in môredou gewas--
'n blanke dame.
Twee lang wit kappe in die veld:
'n wa en tent daarnaas gesteld,
tweeheid tot eenheid saamgesmelt
in sware stonde.
Die wa--'n sterke man is hy;
die tent--'n taaie vrou is sy.
Jul het die nasie uitgelei,
sy boei's ontbonde.
Lig op haar voet net soos die ree
en trekkend met die trekker mee
bied sy hom tog 'n vaste stee
in angs-geweste:
as wolkbreuk beuk die witte wand,
die sonstrale op die nokke brand
of nagdier sluip oor donker land,
'n veil'ge veste.
En as sy wa nie verder dring,
hoor ek by wind haar fladdering
die lied van boerbeskawing sing,
stemmig-tevrede.
Dan word haar seile trou bewaar:
by feesdag net span sy 'n laer
en straal haar seile dankbaar daar
van groot verlede.
XVI
Oom Gert en Koos die sluit hul waens
vas aanmekaar aan die buitekant
en in 'n lyn met al die waens
wat reeds in rye staan geskaar
uit die omtrek van die Rand.
Die lang grys wasems van die nag
lê soos 'n slangrug in die dal;
dit is die misdamp van die reën
wat in Desember langs die Rand
oorvloedig val.
Daar in die miswolk dryf die kiem
van perdesiekte, sê hul, rond,
maar mens en bees, waarvoor die Heer
die nuwe land gemaak het, is
gesond.
Reg-bo die vuurtjies van die laer
styg stil omhoog die ligblou walm,
en nou die son weer op wil gaan,
styg uit 'n tent nog hier en daar
'n laaste psalm.
Die osse word al losgemaak
en veld toe aangejaag;
'n Kaffer stap hul agterna
wat aan 'n stok sy velskoene en
'n haarge knapsak draag.
'n Enkele hamerslag weerklink
van die wat laat kom, maar
die meeste burgers is gereed
en staan die landsaak te bespreek
in klompies bymekaar.
Die vrouens maak die brekfis al--
die tweede ketel sing;
hul loop tent in tent uit en koes
gramstorig vir die braaivleis-rook
wat trane in hul oë bring.
Straks gaan hul, of dit kerk is, in
hul Sondagspak geklee
na die vermaarde steenhoop heen;
'n ieder neem sy kerkboek en
sy riempies-stoeltjie mee.
Die predikant laat sing; hy lees
en hou 'n nasionale preek.
Dan vra hy ook nog vir oom Gert
wat oral saamgetrek het, om
die landgenote toe te spreek:
XVII
"My landgenote, julle weet
hul het in Kaapland, vroeg en laat,
'n valse vryheidsleer verkondig;
jul weet die Kafferbendes het
met roof en moord en skelmery,
die grensbewoners daar versondig.
"Ons het getrek, eers na Natal,
tot aan die see wat vir ons was
'n tweede en wilder Onbekende;
maar nooit het trekkers moed of lus
gehad om na die wildernis
hul dapper trekkersvoet te wende.
"Hul het daar deur die duinsand heen
hul waens gedryf, en tot vandag
staan daar die boerenaam geskrywe.
Ons vyande 't ons daar gevind,
ons uit-oorlê of aangeval,
en uit dié Kanan weer verdrywe.
"Ons laat aan Kaffervolk en Brit
die mooiste deel van Afrika
wat slinger langs die strande.
Ons het gekies, om vrede vir
ons voet te vind, die wildernis
en altyd skraler binnelande.
"God het ons eers gelouter en
laat wraak neem op Dingaan
se duisternis van Soeloe-horde,
dat ons daar in die nuwe land,
nes uit 'n smeltkroes voortgekom,
'n Gode-dankbaar volk sou worde.
"En later toe die Engelsman
ons weer gedreig het en gedruk,
het ons die steenhoop dáár vergader.
Hier van Transvaal se hoogaltaar
het ons ons harte opgehef
tot God Almagtig, onse Vader.
"Jul weet hoe God gered het. Dink
aan Laingsnek, aan Ingogo en
aan Amajuba's hoë kranse.
Wee ons as ons weer God vergeet,
soos Israel by Sinaï,
met wilde afgodsdanse!
"Dan sal die steenhoop ons verkla.
Ek roep tot my getuie aan
die hemel en die heuwelrande!
Dan sal ons hiér moet kerm en klaag,
en rondom hiérdie heil'ge plek
die tekens sien van al ons skande!"
XVIII
Die fees het weer verbygegaan--
na alkant sien mens waens, soos
die boere in klompies weer vertrek...
Hoe wakker staan die swepe-ry!
hoe daal hul, en die voorslag klap
om die osselywe op te wek!
Nie lank nie of daar is weer fees;
nou in oom Gert se huisie, waar
Willem en Dina samestaan...
Voordat die mense skei, vra nog
die predikant dat hul sal hoor
hoe hierdie bruilofsliedjie gaan:
XIX
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat uit die ou Kolonie kom.
Ek is geen kind nie van die Trek,
maar my hart sit op die regte plek;
daarom het ek my vasgebind
aan 'n egte, egte trekkerskind.
_Bruid_
"Ek is die egte boerebruid,
uit die egte takhaarwêreld uit.
Maar ek kon my tog so goed gedra
dat 'n kolonis my hand kom vra!
Ja, die ou Transvaal is nie so sleg
as wat die mense dink en seg.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat met my ganse rykdom kom.
Ek het geen geld nie op die bank;
maar het 'n wa met suiwer klank,
twaalf rooies, jukke en rieme klaar,
en ek makeer nog net vir haar!
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,
en gee my vir niks anders uit;
geen jongman hoef hom te vergis,
want ek is net maar wat ek is.
Maar 'k het twee arrems, rond en sterk,
wat regstaan vir die huishou-werk.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat net maar na die bruilof kom
met stewels, en ook net dan dra
die laken-pak en keil van pa.
Anders is hul my lyf te veel
en is dit velskoen en ferweel.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid.
Ek dra 'n kappie met 'n tuit.
Ek knip die tabberds wat ek dra--
maar bietjie mooier!--moeder ná.
Net die één waar ek vandag mee loop
het vader by die smous gekoop.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat met lees en syfer klaar kan kom,
en die kaart ken van Suid-Afrika
wat ek daarso in my koppie dra.
Wat anderkant die water, in
die wêreld is, raak my maar min.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,
ek laat nie my geleerdheid uit.
As hul oor politiek begin
dan luister ek en hou my in.
Maar 'k sal my kinders eendag wel
die storie van Transvaal vertel!"
[Illustrasie: "Bo-op die grond rys al 'n stad / wat op die heuwels
skitter-blink."]
Goue Gode
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur;
dis of voorheen 'n monsterploeg
die wêreld hier wou stukkend skeur.
Ja, God se ploeg het hier geloop
in wentelkrag van vloed en vuur
toe heel die hoogland omgekeer
is in die aard' se wordings-uur.
Die reuse-sooi van daardie ploeg
'n berg was of 'n hoë rand;
en elke voor daaragter was
'n vrugbre moot of akkerland.
God se almagtige Hand het toe
daaroor gegaan met groot geswaai,
sodat 'n ganse goudveld is
in die aard se boesem uitgesaai.
Daarna het Hy die eeugety
stil oor sy akkerveld laat duur,
sonder dat een die geelblink vrug
versamel in sy voorraadskuur.
Geen Babilon se reusebeeld
is uit die goudsaad saamgesmelt;
geen wêreldstad se grootheid het
geskitter oor die heuwelveld.
Net Kaffervoete 't daar gegaan
wanneer hul hordes vlug of veg;
en die ondier het gelaer waar
die skatte van die wêreld leg.
II
Die taal van berge en rante is oud.
Ek sien die letters voor my staan,
die skeure omlaag, die kranse omhoog;
maar dis 'n skrif wat nooit vergaan.
Die taal is geskrywe met letters
van kranse en klowe en rif;
dit lê oop en bloot op die wande, ...
maar niemand ontraadsel die skrif.
Die kranse en klowe is woorde
tot reuse-sinne vereen,
en die stippels en strepe daartussen
is tot massas rotse versteen.
Dit is die taal van skeppings-dae,
die taal ook van die sondvloed-tyd,
waarby die late mens verbysterd
staan klae van onwetendheid...
Spreek daardie taal van hoë waters
teen hoë bergwand uitgeslaan,
en van opdrifsels eeue later
tot kransversténing oorgegaan?
Of spreek die taal van vuur se werking,
van vreselike wêreldbrand
toe berggevaartes op kom rys het
uit die aard se vuurge ingewand?...
Die sleutel van pylskrif-figure
en hiërogliewe is gevind;
maar hier staan al die wyse same
onwetend soos 'n kind.
So swyg ook stil die Rand se rante.
Ja, die skeppingstaal is al te oud!...
Of spreek hier gryse lettermerke
miskien al lank die woord van: Goud?...
III
Nou loop 'n loper oor die Rand
wat rooi is in sy aangesig;
hy sien niks van die skone land,
maar hou sy oog omlaag gerig.
'n Kaffer sukkel agter hom
en dra sy loodswaar pak:
'n vysel, stamper, pikswart kom
met goeters in 'n goiingsak.
Hoor! dis geen vooros-klok gewis
wat lui op die anders stille Rand!
Die klankgeluid is anders, dis
die stamper op die vyselkant.
Bo stugge rots--nog nooit getref
as deur die slag van donderweer--
word nou die hamer opgehef
en mokerslag daal dreunend neer.
Die rots word gruis; die gruis word stof;
die wasbak spoel dit om en om,
en delwers-oog speur rust'loos of
die goud-en ysterstrepie kom.
Daar is dit! en hoe bly is hy!
Die goud-aar is oplaas geraak...
Die outa sien 'n os wat wei,
en dink: "Hoe lekker sal hy smaak."
Die rots word nog 'n keer gestamp ...
en in die spoelkom omgewas.
Die delwer gaan dan na sy kamp ...
sy dienaar hurk daar by sy las.
IV
Ons sien nou weer die loper loop.
'n Tolk en hy het keer op keer
met omhaalwoorde geprobeer
of hul oom Gert se plaas kan koop.
Oom Gert was na Pretoria:
hy het hom met sy sorg gewénd
na die vaderlike president,
en dié het hom geantwoord: Ja.
Maar ag, oom Gert se hart is swaar
as hy weer kom die bultveld oor;
daarbinne moet hy almaar hoor
'n stem so lastig, so onklaar:
"My plasie is my Nabots-erf
wat met sy weiveld wiegel oor
die Rand. Moet ek dit nou verloor
vir Agabs, om dan rond te swerf?
"Gewetenstem naas lotgeval!
Die stem is Jakobs stemklank, maar
die lewenslot 's die Esaus-haar,
en ek is blind soos Isak al!"
So het hy lank gepeins, gewag,
tot hy oplaas dink: "Laat maar gaan."
Hul bied hom tweemaal duisend aan,
en daarmee is die koop volbrag.
Oom Gert maak nog sy saak gewis:
hy vra net goudgeld en kontant,
en dat sy eie predikant
sal tel of hulle almal is.
V
o Heilige nagte van voorheen
as die maanlig skaars in die huisie dring,
waar oom Gert lê waak, soos die psalmis sing,
om te peins oor God,
die nagte nog lank, na skeppings-maak,
deur geen kunsglans nog verkort;
as die mens nog tyd het om wakker te word
en te peins oor God.
Die vetkers het maar kort gebrand
om te lig oor die oue Skriftuur
wat die stof bied in die vroeë uur
om te peins oor God.
Die siel doen soos die blomkelk dan
wat die blaartjies sluit by nag,
en stil-alleen op die son staan wag--
so peins die siel oor God.
Dit doen net soos die voël by nag,
wat die vlerk nie vliegend meer wil strek,
maar die koppie in die dons gaan dek--
so peins die siel oor God.
Dis doen en doen en nog eens doen,
totdat uit hoër, heil'ger oord
verruis die saalge stemmingswoord--
as die siel stil peins oor God.
Totdat 'n ligstraal na benee
val in die oog omhooggehou,
en die siel dan weer sy God aanskou--
terwyl dit peins oor God.
Dan voel dit weer aan wyding ryk
en beef stil opwaarts-heen
met groot verlange om nog
oor God te peins.
Maar ag, nóú is oom Gert vol sorg,
en sy bed is vuur onder hom:
'n ander god het daar gekom,
en die naam van die god is: Goud.
VI
Voorheen was in oom Gert se huis
'n sjieling net so skaars te kry
as in 'n bedelaar se kluis--
en tog was daar geen armoed' by.
Oom Gert se huis kos hom geen geld:
hy't self die muurtjies opgetrek,
die gras gesny op eie veld,
en toe met eie hand gedek.
Die hout was geelhout wat gesaag
is in die Houtbosbergse kuil,
vandaar met moeite uitgedraag
en oral in die land verruil.
Sy meubels is van eie maak,
en wie daarop gaan sit die voel:
dit is geen goed na vreemde smaak,
maar boer se eie bank en stoel.
Wat op sy tafel kom is uit
sy eie tuin of uit sy kraal--
daar's brood en melk, daar's boerbeskuit
en vleis, dit is die sober maal.
Hul klere kies hul so gering,
dat hoë ruil nie nodig is.
Die smouse het dit rondgebring:
ferweel en tabberdgoed en sis.
Ja, geld was skaars en goud was min,
maar min ook die onrus en gebrek;
daar was geen ryke of arme in
die land, niks wat die onrus wek.--
Hoe het die wêreld nou gedraai!
Hoe word oom Gert se vrees gewek!
Hy sien sy goed al opgelaai
en hoe sy wa weer noordwaarts trek.
VII
"Kom kinders, ons moet trek,
want hier kan ons nie bly;
as ons hier langer bly,
sal hulle ons weer kry.
"Ek het my grond so lief,
my vrye plaas en werf.
Vir hierdie plaas en werf
het ek voorheen geswerf.
"Kom kinders, ons moet trek,
dit is die boer se plan,
en daar's geen ander plan.
Laat almal trek wat kan!"
"Ag, vader, moenie trek,"
sê Dina, "laat ons bly,
want waar ons trek of bly,
sal hul ons tog weer kry.
"Ons kan nie immer trek,
ons kan nie immer vlug,
saam met die wild wegvlug
vir mensgerug.
"Ons woon al lank so stil;
laat ons nou maar geniet,
met eerbaarheid geniet
van wat die wêreld bied."
Wat sal oom Gert nou doen
om die onheil af te weer
as Dina haar verweer,
met sagte woord hom keer?
"Ek voel 'n ding wat kom,
my binneste die werk
net soos die miertjies werk
wat verweg storm bemerk.
"Nou ja, ons sal hier bly,
op die uithoek van die plaas,
van die ons ontvalle plaas
maar vér van stadsgeraas."
VIII
Bo-op die grond rys al 'n stad
wat op die heuwels skitter-blink;
dit was 'n reeks van kampe eers,
getimmer uit hout en sink;
maar nou 'n wêreldstad meteen,
en massas delwers trek daarheen.
Oom Gert het so iets nooit gesien:
die suiwer lug is troebel-vuil,
en helder stroompies van weleer
dam nou in donker modderkuil.
Die grond voorheen so skoon en rooi
is nou met steenkool-as bestrooi.
Al bo die stad, en verder, sweef
'n swart-deurrookte deins'righeid;
dit lyk net soos 'n veldvuur wat
hom uitsprei oor die velde wyd.
En saans dan slaan 'n rooi gegloor
soos veldbrand al die heuwels oor.
In boeredorpe het hul eers
'n kerk gestig op wye plein,
waarom vergader, hier en daar,
die grasdak-huisies, laag en klein.
Maar nou word eers, en wondergou,
'n groot hotel daar opgebou.
Daar is geen Son- of Maandag meer;
dit vleg en kronkel deurmekaar,
en saans, nog lank na middernag,
het die gewoel nog nie bedaar.
Die wêreld maak oom Gert nou dom
wat selde in die stad meer kom.
En as hy in die sonlig sien
hoedat die stad lê flikker-beef,
of saans bemerk die dof-rooi gloed
wat opwaarts na die hemel streef,
dan dink hy: 's Dit nie wat ek lees
van Babilon en van die Bees?
IX
Die nuwe wêreldstad die lê
tussen die twee families in.
Een kant is Willem en oom Gert,
en ander kant daar boer oom Koos
nog met sy talryke gesin.
Die wêreldstad lê tussen hul,
want, ja, die vriendskap is geskeur.
Is dit miskien die profesie
van wat op later dag nog met
die hele nasie sal gebeur?...
Dina het Engels gou geleer,
en ook so mooi leer sing...
Sy het verlaas oom Koos besoek
om hom saam met sy huisgesin
tot vriendskap met die stad te dwing.
Sy praat van meegaan met die stroom,
van nie so alles te vermy.
Maar nee, oom Koos het vas besluit
dat hy met sy geslag
op die ou-ou boere-pad sal bly.
Sy sing oplaas vir hul 'n lied
om so hul harte nog te vang.
Oom Koos die volg dit met 'n sug
en dink aan beter tyd terug
wanneer hy hoor die mode-sang:
X
"Stad waar die ligte newels swewe,
waar ligte luggies skitter-bewe;
stad op 'n hoogland uitgebou,
ver-sigbaar by die hemelblou--
Johannesburg jy's waarlik ja
die glorie van Suid-Afrika.
"Van digte donkerheid omgewe
het Boer en Kaffer hier gelewe;
hul kon die goudstraal nie ontdek
wat die beskawings-lewe wek;
geen boeretent of ossewa
kon lig bring vir Suid-Afrika.
"Geen trekker bring hier nuwe lewe,
maar deur 'n hoër drang gedrewe,
kom pionier en delwer aan
wat goudvonke uit die rotse slaan.
Johannesburg die was weldra
die ligpunt van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog van strewe,
wat laag is word nie neergedrewe,
maar naturel en trekker-boer
word uit hul onkunde opgevoer.
Johannesburg is waarlik ja
die glorie van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog verhewe,
die koningin uit lig gewewe;
haar goue beeld sal wonders doen,
sal immer ophef en versoen.
Johannesburg sal steeds hierna
die glorie wees van Afrika!"
XI
Blink is die saal van lampelig;
gloed-helder blink hulle aangesig.
Warm is die saal van somergloed;
warm en onstuimig die hartebloed.
En kringlend sweef daar bont deureen
die danseresse op ligte been.
Maar Dina is die skoonste as sy
haar liggaamskoon in dans uitsprei;
en Willem, die gewenste man,
sien van die kant die skouspel an;
terwyl hom loof 'n kring van mans
dat hy só 'n vrou leen vir die dans.
Daar word gebuig, gevra, geswaai,
die arrems in mekaar gedraai.
* * * * *
Dan rus oom Gert, in slaap gesink,
waar net Gods sterre in stilte blink.
Rus?... Nee, hy sien op donker muur,
in helder letters van hemelvuur:
"Geweeg, geweeg, te lig bevind!"
Dan roep hy: "Ag, my arme kind!"
Sy vrou die stoot hom saggies aan,
maar berg ook self 'n snik en traan.
* * * * *
Dof word én saal én walsgeluid,
en langsaam gaan die lampe uit...
Leeg is die saal... Op tafelblad
staan leë bottels in hul nat.
En eind'lik, ná die sondenag,
staan weer daarbuite 'n ander dag.
XII [A]
'n Warrelwind, die dagspook wat
so plots ontwaak,
en plots op straat of in die pad
sy dans-swaai maak--
is hy nie soms die bode van
'n storm wat naak?
Papiere, blare, voddegoed,
van stof deurdring;
geswaai, geruk, soos in 'n tregter
opgewring,
kry skielik lewe en asem, hul
dans in 'n kring.
Is dit 'n gees, haastig gedaal
uit hoër lug,
wat van 'n naadrende onheil bring
die voorgerug?...
Kyk hoe die loom-lui stof geswind
sy voet ontvlug!
Of is dit dalk 'n toorheks wat
puur uit 'n grap,
op straat al in die rondte wals
met ligte stap,
en met die voddegoed en stof
kalkoentjies trap?...
* * * * *
Rumoer'ge warr'ling langs
die stof-vuil straat;
binne die sinkgebou staan al
'n mense-plaat,
en op die platform staan 'n klomp
klaar om te praat.
Uit alle wêreld-oorde saam
gewarrelwaai,
lyk hul oom Gert soos hane wat
staan koningkraai;
wanneer hul veg vir stemreg met
'n groot lawaai.
Intussen pak die stormwolk al
op Tafelberg;
en anderkant die water is
'n leeu vererg
wat nog in sagte woorde-klou
sy naels verberg.
Oom Gert is moeg van die tumult;
ryp is sy plan:
hy self met honderd ander storm;
gryp pote van
die stoele, en slaan op kop en lyf
so wat hul kan.
Die helde vlug na alle kant
die deurpoorte uit.
Van lae galery vlug hul
deur vensterruit,
totdat 'n al te dikkert daar
op half-lyf stuit.
Oom Gert laat hom dit dugtig op
sy sitplek voel.
Die dikkert skreeu sy buitevriend:
"o Pull, John, pull!"
Oom Gert die slaan; die dikkert roep:
"o Help, John, pull!"
[A] 'n Beskrywing van die stemreg-agitasie.
XIII
Is 't oorlog?... In oom Koos se huis
woel almal net om klaar te kry.
Daar word geslag weer en gebak,
en buite voor die agterdeur
trek reeds die seuns die bokwa reg
om op te pak.
Die harte voel nie lekker nie,
die woorde het angstig-min geword--
soos steeds by donker voorbesef,
by die vergeefse angsgevraag
van hoe en waar
die ontwaakte lewenslot sal tref.
Lughartig praat 'n enkele seun
hoe hy die Engelsman sal skiet,
maar moeder maan: My kind, my kind!
Die seun wyk willig vir die woord,
want, ja, daar was 'n kleinigheid
wat hy nog aan sy saal wou bind!
Dis amper klaar... Daar kom hul aan,
die burgers van die omtrek, want
oom Koos die is nog veldkornet...
Straks staan hul, teuel in die arm
en met geboë hoof,
want een gaan voor in smeekgebed.
Die vrouens staan effens opsy,
met arrems oor mekaar gevou,
nou dat hul taak is afgedaan.
Nou kan hul eers hul smart besef,
en enkle droog met voorskoot-punt
al die eerste oorlogstraan.
Dan skuif en skok, met gang en draf,
die burgers op hul perde weg--
dit lyk somaar 'n mengelklomp!
Maar tussen hulle flikker-blits
geweldig in die lenteson
die blinkgemaakte mauser-tromp!
Oom Gert wat hom meer tuis voel by
dié ruiterskaar--hy het oom Koos
sy krygsmansdiens al aangebied--
die luister hoe die jongspan in
hul oorlogsblydskap sing
die klanke van 'n oorlogslied:
XIV
Kom, burgers, trek die perde reg:
nou vrou en kind goeien-dag geseg!
Jongkêrels, los die nôi se hand;
en seuns, verlaat jul moeders, want
daar gaan 'n strydroep deur die land!
Gryp nou die teuels bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
Die regterhand gryp die visier,
die bors oorkruis 'n bandelier;
die spore in die sonskyn blink,
stiebeuels teen mekaar weerklink,
die ketel aan die saal rinkink.
Kom, burgers, hou nou bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
Laat aan die trippelaar sy pas,
maar hou die vuurge hingste vas.
Die agterstes moet ingalop
tot binne-in die ruiter-trop--
die ponie en die bossie-kop.
Kom, burgers, ry so bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
Trek burgers, almal nou geteld,
al voort maar deur die wye veld,
en of jul al omlaag verdwyn
of op die heuwels weer verskyn--
wys altyd weer die slingerlyn.
Kom burgers, trek so bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
Jaag, burgers, jaag oor rant en rots
wanneer jul teen die vyand bots.
Ruk in, spring af en pos gevat
aan die onwrikbre ryperd-blad.
Mik fyn, kyk waar die stoffie spat!
Staan, burgers, staan dan bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
En moet jul val, val dan met eer,
met die oog die vyand toegekeer;
val op die grense, man en perd,
die oue vierkleur is dit werd,
en die eerkroon wink al uit die vert.
Val burgers, val dan bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar!
XV
So sing die jonges vol van vreugde,
maar ag, oom Gert se hart is seer
as hy straks diep en dieper peinsend
gaan langs die slagveld van weleer.
Dáár lê Majuba, donker kleurig,
sy sye een en al terras;
dis of die berg van alle eeue
vir wonderdaad geskape was.
Daar lê Laingsnek; dis of Gods hande
dit vir 'n skanswerk uit wou bou.
En daar's Ingogo's kronkelbedding--
net om die vyand op te hou.
Daar's nog die wonderlike hoeke,
net om die vyand vas te keer;
maar ag, oom Gert voel nou so anders,
sy hart is onverklaarbaar seer.
Hy sien nou oral groot kanonne,
hy weet nie of die ding sal gaan.
Die treine voer nou alle soorte
van wapens uit die hoofstad aan.
Daar is hom ook so baie mense,
en baie goed word aangevoer;
voorheen was daar so min maar nodig:
'n ryperd, biltong en 'n roer.
Dis nodig, ja, die tyd die vorder,
en daarom swyg hy maar en kyk.
Maar heel die Amajuba-wêreld,
alles wil hom so anders lyk.
Tog leef hy weer, die troue krygsman,
al trek hy nou maar same net:
'n oorlogsperd die stamp en runnik
wanneer hy hoor die krygstrompet!
XVI
Verlore!...
Die dag van stryd het mooi begin,
die burgers trek verwinnend in,
en boerename 't binnekort
oral 'n glorie-klank geword!--
'n Pragtige môreglore!
Maar onder in oom Gert se hart
kom effens al, nog diep-verward,
'n fluisterstem na vore:
Verlore, verlore!
Verlore!...
Die dag van stryd begin so goed,
Suid-Afrika lê aan hul voet...
Die Boer moet Afrika regeer!
Gryp gou, voordat die kans kan keer!
Buig uit die grense na vore!...
Maar nou kom daardie fluisterstem,
diep in oom Gert se bors geklem,
so duidelik na vore:
Verlore, verlore!
Verlore!...
Rookwolke nader uit die suid
en sprei hul oor die aard-breedte uit;
oor Drakensberg se veil'ge top
skuif swaar 'n donderonweer op;
die storm sing in wilde kore!
Oom Gert se stemme, in hom bekneld,
kom nou daar buite op berg en veld
al donderend na vore:
Verlore, verlore!
Verlore!...
Oom Gert die kon nie verder vlug,
en sit nou, met sy vrou, te sug
agter die ysterplate vas,
daar waar hy eertyds vryman was
en sy vryheid is wedergebore!
Die fluisterstem daarbinne kom
nou deur die ysterplaat weerom
as huilende windstem na vore:
Verlore, verlore!
Verlore!...
Die dag van stryd hou lank nog aan--
dis of die son nou stil gaan staan.
Maar eindlik roep hul rond: "Verby!
dis vrede, vrede weer, wees bly--
al is die vryheid verlore!"...
Dan keer die wilde stem as sug
weer in oom Gert se hart terug;
en dring dan weer altyd na vore:
Verlore, verlore!
XVII
Die oorlogsfakkel is gedoof,
en die oorlogskamp word oopgesluit.
Die nuwe tye, hooggeloof,
kom met gejubel, lank en luid.
Die burgers kom van oral an
en raak al met hul lot versoen.
Maar net oom Gert, gebroke man,
wat sal hy in so 'n wêreld doen?
Want ook sy troue vrou is dood--
die lewe van 'n handjie meel
en van 'n brok genadebrood
was haar as boerevrou te veel.
Willem, sy skoonseun--hy't vir hom
die boerdery eers waargeneem--
is skout, en het nie teruggekom.
Hy's seker nou totaal vervreem!
Oom Koos weer het sy grond verhuur,
en trek die hoë Bosveld in,
die Randse lewe is hom te duur
en skaadlik vir sy huisgesin.
Maar Dina--waar is sy en wat?
sy die altyd skone boerevrou?...
Geheel verslingerd in die stad
en will'ge prooi van vreemdes nou!
Wanneer oom Gert van Dina hoor,
verbysterd al deur smart op smart,
dan roep 'n dubb'le stem: "Verloor!"
en dubb'le swaard gaan deur sy hart.
Geen antwoord is daar op die stem
wat vlymend deur sy siel nou gaan;
maar as die leed te vinnig klem,
roep hy: "Dit het die stad gedaan!"
[Illustrasie: "Dié vaal-wit hopies dek hul bei, / vader en dogter, sy
aan sy!"]
Groue Grawe
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur:
maar heuwels sonder struik of gras,
en droewig-vaal soos as gekleur.
Langes die heuwels staan 'n ding
soos die houtgeraamte van 'n huis,
waarbowe rust'loos wiele draai
wat die waentjies optrek met die gruis.
Die heuwels is party al oud;
verlate en vasgereën party,
en storms het baster-klofies in
hul naakte ribbes ingesny.
Die ander is nog in die maak
van poeiergrond of gruis nog grof;
en as die wind die fynes vat,
dan trek daar tuite stof.
Die heuwels lyk soos duine wat
in blankheid rys aan verre strand--
dáár rys hul uit die blou-diep see,
hier uit die aard se ingewand.
Hier's ook 'n dreuning soos die dreun
van sagbewoë wêreldsee,
en winde wend, dan hier, dan daar
die dowwe dreuning met hul mee.
* * * * *
Maar waarom is die heuwels dan
so hoog en ook so bleek?
En waarom is die dreun so diep,
so droef nes een wat smartlik smeek?...
Hul sê die duine aan strand is die
grafheuwels van wie sterwe in see;
en daardie droewe dreuning is
die klag van wees en weduwee.
Maar hiérdie heuwels, heuwels dan
wat ook so hoog is en so bleek?
En hiérdie droewe dreuning dan
wat klaag soos een wat smartlik smeek?...
II
'n Agtal jare is weer verby.
Die boereplase is opgebou,
die platjies is weer huise nou,
die woeste leegte 'n landery.
Gou ruk weer alles in verband--
Suid-Afrika's 'n wonderland!
Maar net oom Gert se lewe kwyn.
Sy hart is nie meer in die werk,
sy wank'le bene is al onsterk,
en ook die plasie word te klein.
Die lewensreggie, kort van duur,
wag net nog op sy sterwensuur.
Wanneer hy die omtrek saans beskou,
hoedat die huis-tal groter word,
die vrydom steeds word ingekort--
dan sê hy: "Ja, daar is dit nou!
Die vroeëre boere-paradys
is nou één molshoop, groot en grys.
"Hier bly net hope en holtes lê:
die vreemd'ling kraak die neut in twee
waarvan hy ons net doppe gee,
maar al die neutvet dra hy weg.
Ons goud gaan na 'n vreemde strand--
Transvaal bly lê: 'n armmans-land!
"Die voorpos van die armes woon
in Blikkies-dorp se kronkel-sink
wat ver soos bottelstukke blink.
Hul lewe van 'n hongerloon
in huisies aanmekaar gepas
en jaartjies vol van steenkool-as.
"Ag, arm Transvaal, waarvoor ek vrees,
jy't Afrika voorheen geroer
tot wakkerskudding van die boer--
sal jy nie nou die laaste wees?
Jou heil'ge eersgeboorte-reg
word op die mark te koop geleg."
III
Oom Gert het min verwagting meer.
Nog één ding hou hom aan die loop,
dit is die vleugie van 'n hoop
dat eens sy dogter weer sal keer.
Die droewe en tog verbede dag,
daar bly sy siel nou stil op wag.
Sy hopie word hom aangesterk
deur 'n storie in 'n boek gelees:
"In Skotlands berge is 't gewees,
en 't was ook daar 'n stad se werk.
'n Eenge dogter in haar fleur
is uit die vadershuis geskeur.
"Nie wetend waar sy swerwend gaan,
kon haar vader net nog bid.
Geen grendel is snags opgesit,
maar deur die deur wat opestaan,
flikker 'n kersie heelnag lang,
wat haar by weerkoms moet ontvang.
"En ja, sy het eennag gekom!
Die trekking van die ver-oop deur,
en kersgeflikker deur die skeur,
die stille bede-heiligdom--
ja die gebed nog allermees--
was 't vir haar hart te sterk gewees?...
"As sy haar vader wenend kus,
bars die oue ook in trane uit:
'My kind, die deur was nooit gesluit
en daardie kersie nooit geblus;
dáár het ek biddend, nag aan nag,
geduldig op jou koms gewag.'"
* * * * *
Maar ag, oom Gert se hart is bang;
want as die jaartal al maar slyt,
dink hy: "My hoop is ydelheid,
my wagte duur tog al te lang;
my lewensdaggie's netnou om,
en dan het sy nog nie gekom."
* * * * *
Die mense vier al Unie-fees!...
Hy, arme, sal ook maar gaan kyk
hoedat die nuwe wêreld lyk--
wie weet, miskien sal sy daar wees!
Sy eensaamheid verlaat hy dan
en kyk die vreemde wêreld an:
IV
Hoe mooi het al die stad geword!
Hoe slinger, soos 'n krans, omheen
die villatjies in keur van steen
en wisseling van boumodel!
Hoe mengel hulle kleuretint,
van helder-wit tot donker-dof,
omlaag, omhoog; dis alles of
'n kunst'naarshand hul plek bepaal.
Hoe groei die bome in die rots
en bloei die blomme in kleure sag,
vlak teen die rant se wilde prag,
asof dit nooit nie anders was.
En dan, die golwende verskiet
van bulte en bosse, al deureen,
totdat die oë vasslaan teen
Magaliesberg, die groot blou reus.
('n Bietjie goud maak baie mooi,
en--dis maar krummels van die groot,
uit louter goud gebakte brood,
wat na Europa word vervoer!)
Ook saans nog wyk die mooiigheid
nie heeltemal nie, want dan blink
'n see van liggies; mens sal dink
die sterre 't uit die lug geval.
Die stad self lyk nou een en al
koopmanspaleise opeengehoop,
waartussen al die mensies loop
wat vreselike drukte maak.--
Oom Gert sien niks van al die skoon.
Die agterbuurt, daar dink hy aan
waar die blikhuisies almal staan,
en alles vuil-armoedig is;
bedink maar hoe die mense woel
waar huise en stof die son versper,
waar sawends skyn geen maan of ster,
en net die lampeskynsels blink.
Hy sien skoorstene en steenkoolrook;
hy hoor die treine met hul haas;
hy hoor die myn se toeter blaas,
en 't gaan asof die aarde brul.
Hy dink dan aan die myn-graf waar
die mense lewendig in kruip,
om soos erdvarke rond te sluip
vir bietjie geld en--longekwaal.
Hy dink aan ander duisende
van mense, voorheen eerbaar-braaf,
vir wie die skandgraf word gegraaf
wanneer die goud rys uit die grond.--
Maar--daar is fees bo-op dié graf!
Nes die ou tyd waar oom Gert van lees,
dat mense hou 'n dansersfees
wanneer die "swarte dood" verwoes.
V
_Die môre van die Unie-fees_
Oom Gert sien die soldate
in kakie langs die strate.
Hy sien die oorlogslans
se lintjies vrolik dans,
die sabels en gewere,
kanonne en helmet-vere,
op die paradebaan.
En agteraan?...
Hy sien die oorlogs-wees
wat deelneem aan die fees--
'n kinder-keurkommande
met skewe hoede-rande;
'n ganse skaar kadette
met roer en bajonette--
al agteraan
op die paradebaan.
_Die môre-godsdiens_
Vroom geklank!
Mense dank,
almal mede,
vir die vrede
'n Opperwese.
Want genees is
en verbonde
is al die wonde;
rassevete [B]
's al vergeet.
Met veréénde klank
rys die vreugdedank!
[B] Rassetwiste.
_Die middag_
Hy hoor die geluid van juublend gesketter,
die vrolike klank van simbaal en trompetter,
gedra op die dreun van die oorlogstamboer
wat dond'rend soos onweer die harte kom roer.
Daar's wapenbeweeg wat yslik weerklink;
kanonwaens kom aan en kettings rinkink.
En hy hoor daarna:
Hoera! Hoera!
Hy hoor die tred van die oorlogswees,
sy voete gedril vir die Unie-fees!
Hy hoor 'n gesang van sy lippe weerklink
as hy bly en verruk uit die feesbeker drink.
'n Hosanna gaan op uit die kindermond,
en die skare juig saam in die vrolike stond;
En hy hoor daarna:
Hoera! Hoera!
_Die aand_
Vreugdevure deur die land...
Mense juigend om die brand!
Vreugdepyle gons omhoog
en ontplof hoog aan die boog;
bly-verwonderd bly die skaar
na die skitterkleure staar.
Oom Gert gaan vroeg die aand na huis,
want een ding staan by hom nou vas:
dat hy nie in dié wêreld pas.
Hy het 'n beter dag geken
en is te oud om nog te wen
aan al die vreemdigheid
van nuwe koers en tyd.
Hy slaap laat in met diep gesug,
en in sy droom kom weer terug
die wese op die paradebaan,
die kinders wat hosanna sing,
die mense wat mekaar verdring
om rond die vreugdevuur te staan.
Ook kom hom deur sy droomnag speel
'n enk'le krygs- en kamptoneel;
'n moeder by haar kind aan waak,
'n stryder sterwend vir sy saak.
En as hy opstaan kom die vraag:
My Dina, ja, was sy
ook dalk daarby?...
VI
Dina se lewe val haar swaar.
Helaas, sy was die laaste tyd
haar blosende gesondheid kwyt,
en moes gedurig drankies koop.
Sy het in 'n café gedien
waar sy gedurig reg moes staan,
die wit-gestyfde voorskoot aan
en haardos ydel opgetooi.
Sy moes haar aangesig verkleur;
want al die glans van vel en oog
het met die jare weggedroog--
só was haar blommesteel geknak!
Sy moes daar staan en vriendlik wees
vir iedereen, al oor en oor,
ook as die kêrels met haar skoor
en stilletjies haar dinge sê.
Saans word sy dikwels uitgevra
om na die bioskoop te kyk;
dan moet sy weer so sinlik lyk,
dat sy die jonkmans kan bekoor.
Dan kry sy volop lekkers en
'n sitplek in die voorste ry;
dan is daar volop gekkerny
op die toneel en in die saal,
totdat 'n ander lewensdag
in sondenag word uitgeblus;
die liggaam weer na late rus
moet deur die vroeë more heen.
Hoe sweef dan om haar koors-gesig
die kuisheid van die môredou;
hoe pynig haar 'n naberou
wat al maar met die môre kom!
Haar leë hart het sy so lank
uit singenot se kelk laat drink,
dit word haar aldeur volgeskink
en--tot die prys van hande goud.
Tog bly haar hart gedurig leeg...
Sy sal die fees dan ook maar my...
Oom Gert soek haar vergeefs daarby...
Skyn-vrolik is sy nou nie meer!...
VII
Ja, Dina was dié dag nie by
en ook nie bly...
God het haar eind'lik stil laat staan!
En omgewend?...
Die aand versprei sy duister skerm
wanneer sy op die rante kerm
in haar ellend:
"Ag, kon ek nog my sondedaad
as sondesaad
weer in my donker hart
terugontvang,
dan was my vrees,
my angs by awendswart
wis minder bang
gewees.
Maar nou, nou het voorheen my hand
dit uitgeplant,
die eerste korrel van die kwaad.
En ieder jaar vermenigvuldig
die boom so kwaad
die sondesaad,
en maak my siel doodskuldig.
Teen awendgrys
verrys
nou boom op boom, hul bly
soos donker plekke,
soos pikswart vlekke
dwars-teen my vinnig-aan
wegdonkerende hemel staan.
En waar ek nou al dolend gaan,
hul staar my aan,
die bome; deur hul blare
hoor ek die nare
geruis van doem en dood--
oneindig ver van my
en altyd naderby!
Ek vlug verdwaald, verdwaas van sin,
benard, benoud
my donker woud
al dieper, dieper in!"
VIII
Sal God dan Dina so laat staan?...
Sy wend haar voetstap al maar aan
op agterbuurtse sinkgebou
waar awenddienste word gehou...
Net kwyn sag weg 'n lied van dank
as sy gaan sit op verste bank.
Wanneer die laaste galm verruis,
spreek sag die leraar van 'n Huis
daarbowe, wat veel wonings het,
die toevlugsoord van wat belas,
gedruk, verlaat, verlore was.
Wees nie ontroer, voeg hy daarby,
as jul nog sondesmarte ly,
want daar hou juis die eng'le fees
om wie verlore hier mag wees.
o Die oue, oue Bybeltaal,
by haar al lank verouderd al--
dit sink soos eerste druppels reën
wat op 'n ou pad val.
(Wat hoor sy nou! "Wees nie ontroer!"
Het God haar voete hier gevoer?...
Wat hoor sy! "Daar is baie plek."
Ook vir 'n sondares soos ek?...
Wat!... dat daar om verlorene fees
sal wees!)
Dan volg 'n laaste smeekgebed
dat God barmhartiglik mag red
deur altyd-nuwe wekgeluid;
en daarmee gaan die kerkie uit.
Sy stap die duisternis weer in,
maar dis vir haar 'n dagbegin;
dis of die sterre almal wink,
of die aandster bo die woning blink
waarin haar vader op haar wag.
Dieselfde nag het sy besluit
om na haar vader terug te gaan.
Want as God haar nie weg wil wys,
dan neem 'n eie vader wis
sy enige dogter aan.
IX
"Wie kom so laat nog na my huis?...
Ek hoor daarbuite 'n voetstap ruis."...
Die bo-deur swaai sag aan die kant.
Is dit die wind se onsigbre hand?...
'n Kersie wikkel--hoe die deur
al saggies word opsy gebeur--
en wend lig-golfies daar en hier
langs langvergane muurpapier.
"Wie kom nou na my huis? Dis nag!"
Die grysaard nou geboë wag
en kyk, maar kan geen wese ontdek--
totdat 'n stem kom: "Pa, dis ek."
Dan doem traag uit die duisternis
'n beeld wat hom nóg eie is.
"My kind!... Oplaas!" en dan niks meer.
Sy val hom aan die voete neer.
'n Vaderhart se medely--
wat kom Gods liefde naderby?
God wat alreeds te wagte staan
as die "verlore seun" kom aan!
Hy blik haar in die skuldige oog...
Die trane-sout 't al vasgedroog.
En sinlikheid aan 't wisselwyk,
van ver deur dowwe sluiers kyk.
"My kind, dáár het ek neergekniel,
snags uitgestort my bitter siel;
dié deur het nooit nie dig gegaan,
en daardie kersie 't daar gestaan.
"Nou kan ek sterf, my oog het nou
jou saligheid, my kind, aanskou."
Hy sien haar aangesig is bleek--
'n skone spieël gekraak, gebreek.
"Hoe is jou skoonheid van weleer
deur Gods geregtigheid verteer--
die vlam wat ons nie sien nie, maar
waarvan ons net die as vergaar!
"My kind, meteens my profesie,
van wat my oog gewislik nie
meer sal aanskou: die wederkeer
van al my volk tot God en eer.
"Lê op my graf geen sooi met gras,
maar dek dit met die heuwel-as;
want daarso lê begraaf jou eer
en van die boervolk van weleer.
_"Ja, daarom is die heuwels hoog,
en dáárom is hul skynsel bleek,
en daarom is die winddreun diep,
so droef soos een wat smartlik smeek!_
"Maar eens herleef die nasie weer,
waarvan ek sterwend profeteer.
Eens word die grys-blou heuwels klein
as God alleen weer groot verskyn!"
Hul staar mekaar nog vraend aan
wanneer die dag al op wil gaan...
Dan sien sy hoe sy vinger wys
waar Perdekraal se heuwels rys!
* * * * *
Die digter het sy taak volbring.
Die sanger het sy lied gesing,
en wil met enk'le woorde nog
vermeld van stille beevaarts-tog;
van hoe sy voet eerbiedig stand
hou by twee graftes op die Rand.
Dié vaal-wit hopies dek hul bei,
vader en dogter, sy aan sy!--
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|
|
Oom Gert Vertel en Ander Gedigte | Leipoldt, C. Louis (Christiaan Louis) | 1,880 | 1,947 | Leipoldt, C. Louis (Christiaan Louis) | https://en.wikipedia.org/wiki/C._Louis_Leipoldt | af | [
"LCSH=Poetry",
"LCC=PT"
] | [
"South Africa"
] | 2006-11-06 00:00:00 | 41 | The Project Gutenberg eBook of Oom Gert Vertel en Ander Gedigte
This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and
most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this ebook or online
at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States,
you will have to check the laws of the country where you are located
before using this eBook.
Title: Oom Gert Vertel en Ander Gedigte
Author: C. Louis Leipoldt
Release date: November 6, 2006 [eBook #19729]
Language: Afrikaans
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK OOM GERT VERTEL EN ANDER GEDIGTE ***
Produced by Christine D. and the Online Distributed
Proofreading Team at http://www.pgdp.net
OOM GERT VERTEL
EN ANDER GEDIGTE
DEUR
Dr. C. LOUIS LEIPOLDT
MET 'N INLEIDING
DEUR
JOHANNES J. SMITH.
DERDE DRUK (Hersien)
J.H. DE BUSSY, BEPERK, PRETORIA.
HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. V/H J. DUSSEAU & Co., KAAPSTAD
1921.
INHOUD.
Bls.
Opdrag "Aan almal, wat voorgegaan het" VII
Voorrede IX
Inleiding XI
Gedigte.
Oom Gert vertel 3
Oktobermaand 13
Aan 'n ou Boek 16
In Amsterdam 17
In die Boesmanland 20
Op die Kerkhof 21
In ou Booi se Pondok 22
Die Verkleurmannetjie 29
'n Nuwe Liedjie op 'n ou Deuntjie 30
Die Sterretjie 32
Aan my ou Vrind 33
In die Konsentrasiekamp 35
Die ou Meul 37
Kleingelowige 38
Mordegai 42
Aan 'n Seepkissie 44
Die Doringboom 46
Die Soutpan 47
Japie 48
Op 'n Leiklip 49
Op my ou Karoo 52
My nuwe Vaderland 54
Vrede-aand 56
Die ou Blikkie 60
Woltemade se Spook 64
Lenteliedjie 69
Die Apie 71
'n Praatjie oor die Trougees 73
SLAMPAMPERLIEDJIES:
I. Boomsingertjie, jy fluister 79
II. Daar, waar die uitspan by die waboom 79
III. Van Noodt, van Noodt, ek sê vir jou 80
IV. Gee vir my 'n trouring 81
V. Krulkop-klonkie 81
VI. Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou? 82
VII. Ek sing van die wind, wat tekeer gaan. 83
VIII. "Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels 84
IX. 'n Skoenlapper die vlieg daar bo 84
X. Sekretarisvoël met jou lange bene 85
XI. Weer hoor ek iemand vra: 85
XII. Kriekie, jy, wat op die solder sanik 85
XIII. Klossies, jul bewe en bibber 86
XIV. Twee dinge sê ek vir jou, ou boetie 86
XV. Gistraand in die maanlig daar buite 86
XVI. Nie maanlig meer, maar wolke orals rond 87
XVII. Dingaan, die Soeloe, was 'n duiwel 88
XVIII. Klim op, klim op, met die slingerpad! 88
XIX. Die see het juwele, robyne 88
XX. Die see is wild, die see is blind 89
Die Einde 90
OPDRAG.
"Aan almal, wat voorgegaan het".
Die son gaan onder in die weste, agter
Die grysvaal koppies van ons ou Karoo;
Die hele lug is rooi, en goud, en silwer,
Met elke wolk half-wit as sneeu daarbo;
En saggies oor die veld hier val die skemer.
Die laaste glans en jongste gloed verdwyn
Van elke berg, waar nog so kort die kranse
Geverf was deur die son met karmosyn.
Oor al ons land daar trek die nag 'n skadu,
Groen as die blare van 'n sederboom.
Die hamerkop verlaat die vlei; die reier
Stap na sy nes om op een been te droom;
Die naguil vlieg, en vlieënd klop sy vlerke;
In die tabaktuin gons die duiwelby;
En die aandblommetjies is algar ope
Om wierook oor die vlakte te versprei.
Waar in die weste, as 'n muur van purper,
Die bergrant teen die lug 'n skadu bou,
Daar stadig klim die volmaan na die sterre
En haal die hele wêreld weer uit rou.
Sag is die nag en slaaprig al die wêreld--
Sag as die wit gesiggie van 'n kind.
Dof in die maanlig skitter net die sterre,
En rustig in 'n klipskeur skuil die wind.
Slaap rustig so, jul almal, wat geworstel,
Slaap so, jul algar, wat gesneuwel het!
Hoe hard ook was die dag, die nag gee slaaptyd:
Na stryd kom slaap--dis die natuur se wet!
Kan julle op ons neerskou as die sterre,
Kind, vrou, en man, wat in ons tyd van nood
Die bitter kelk gesluk het en gevinde
'n Rus vir ewig in 'n heldedood,
Neem dan, wat ek (die nooit geen kans gehad het
Die laaste stap te doen uit liefdeplig)
As brokkies vir 'n eerbewys gebou het--
'n Nietig reeks van rympies--my gedig.
Ja, nietig, want geen sterretjie kan dowwer,
In vergelyking met jul voorbeeld, blink--
En tog, miskien, dis moontlik, dis 'n weerklank,
Van wat vir altyd in ons harte klink!
Die maanlig gooi 'n silwerwaas oor velde,
Waar eens die grys kruitwolke het gerol;
En elke plaas, wat vroeër van rook geruik het,
Is met die geure van aandklossies vol.
Maar selfs die silwerlig kan nie verberge
Die tekens van die tyd tien jaar verby:
Maak net jou oë toe, en tussen wierook
Bespeur jy nog die kruitrook op die vlei!
Ja, man, wat op die slagveld het gesneuwel,
En in die kinderkampe, kind en vrou,
Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel,
En so gesterwe het--want ons onthou!
VOORREDE.
As 'n mens 'n Voorrede skrywe, dan het hy die reg om van homself te
praat. Ek wil egter van die reg afsien, want van myself is daar niks
te vertel nie. Slegs dit: hoe ek daartoe gekom 't om die bundel
rympies te laat druk. En miskien is dit nodig, dat ek die leser 'n
verklaring van sulke astrantheid gee.
Vir jare het ek my vermaak met versies draai en met die loop van tyd
het ek 'n hele boel van die rympies in my tafellaai opgegaar. Dit was,
en is, 'n onnosel vermaak, waarmee ek net maar myself gekwel 't,
deurdat ek somtyds nie 'n rym in die hande kon kry nie, en nog meer
kere nie goed in woorde kon uitdruk, wat ek gevoel en ondervind 't.
Toe het ek terloops eenmaal met my vrind Smith oor ons taal gepraat,
en hom ook een en ander van my versies gewys. Hy was vrindelik genoeg
om te sê, dat dit hom geïnteresseer het; en later het hy my wysgemaak,
dat dit ook miskien andere van ons mense kon interesseer. Hy het
sommige van die rympies uitgekies--dié wat in die volgende bladsye
staan--en het my gehelp om dit vir die pers klaar te maak.
Die leser sien dus, dat die boekie in 'n seker sin soveel sy, as my
kind is, en dat hy 'n deel van die lof, as daar lof is, of van die
blaam, as daar blaam is, moet dra.
Vir die gevoelens, wat in die gediggies geuiter word, is ek alleen
verantwoordelik. Ek weet natuurlik nie, of die gevoelens byval sal
vind nie by ons mense, wat nog gediggies lees; en ek vra ook geen
ekskuus daarvoor, al is daar hier en daar 'n reël of 'n woord wat ek
nou, as ek weer die rympies moes oorskrywe, nie sou behou nie.
Die meeste van die gediggies is gemaak geword, toe ek nog half flou
was met die skok van die oorlog, en toe die donder van die Engelse
kanonne nog altyd in my ore was. Miskien het dit my snare al te veel
laat tril. Miskien is dit beter, dat ons nie meer oor sulke goed praat
of sing nie. Maar daar is ook 'n ander kant: en dit kan wees, dat daar
onder my lesers is, wat nie maklik vergeet nie, hoe gou hul ook
vergewe. Ek laat dus maar die versies, soos ek hul geskrywe het, in
die hoop, dat die leser hul met 'n bietjie geduld en lankmoedigheid
sal lees, en nie 'n al te strawwe oordeel sal vel oor
_Die Skrywer_.
LONDEN, Oktober 1911.
BY DIE TWEDE DRUK.
Die spelling is in ooreenstemming gebring met die voorskrifte van die
Suidafrikaanse Akademie; en hier en daar is 'n woord verander, of die
punktuasie verbeter. Vir die orige is die gediggies nog, soos ek hul
oorspronklik geskrywe het.
C.L.L.
PRETORIA, Mei 1917.
INLEIDING.
'n Teken van Lewe en Groei.
As 'n gesonde kind 'n seker leeftyd bereik, dan begin hy praat, en sy
moeder is groots. So ook met 'n volk: solank as hy nog jonk en klein
is, is dit voldoende vir hom om na die stem van die moederland te
luister; maar sodra hy verstand begin kry, wil hy ook self praat--op
sy eie manier. Hoe krom en skeef die eerste woordjies vir volwasse ore
ook mag klink, dit getuig van lewe en vooruitgang--en aanhou!
Gedurende die laaste helfte van die neentiende eeu het die Afrikaanse
volk selfbewus begin word, en gevolglik ook begin lisp. Toe kom die
gebeurtenisse van die end van die eeu; en dié het sy groei sodanig
verhaas, dat dit bykans onmoontlik is om in die forse mannetaal van
vandag die dowwe stemmetjie van tien jaar gelede te herken.
Sover ek weet, dagteken die allereerste geskrif, waarin die
Afrikaans-Nederlandse taalvorm op 'n bewuste wyse aangewend word, uit
die jaar 1861. Ons skryftaal is dus uiterlik vyftig jaar oud; en wat
beteken vyftig jaar in die lewe van 'n volk? Elkeen weet, hoeveel eeue
dit geneem het om 'n standaardtaal in Duitsland of in Engeland te
ontwikkel; en in vergelyking met dié lande gaan alles by ons snel,
verbasend snel--maar tog nie te snel nie, want ons lewe mos nie meer
in die Donker Middeleeue nie, en ons hoef ook nie te wag nie op die
koms van 'n Dante, 'n Luther of 'n Chaucer, om vir ons uit 'n legio
van dialekte te kies of te smee, wat ons reeds besit--'n algemene
Afrikaanse taal.
Die Taal is die Volk Self.
Dit is 'n ou gesegde, deur alle eeue heen gehoor, dat volk en taal ten
nouste aan mekaar verbonde is. Die taal weerspieël die karakter en die
geskiedenis van die volk, wat dit praat; en 'n volk gee alleen dan sy
taal op, as hy nie meer as selfstandige volk kan of wil bestaan nie.
Die mag van die volkstaal as 'n middel om die volk te ontwikkel en aan
te vuur, is ook oorbekend uit die geskiedenis van byna elke nasie ter
wêreld. Tereg kon Willems, die wakkere en ywerige kampvegter van die
Vlaamse Beweging, getuig:
O Belgen! uw geluk is aan uw taal verbonden;
Slaat uw geschiedrol op; waar gij uw recht geschonden,
Uw heil vertreden vindt, de landspraak vindt ge er bij,
En haar verdelging steeds het doel der dwinglandij;
Want om naar eisch der kunst een moedig paard te temmen,
Moet men door 't slaafsch gebit, vooral zijn mond beklemmen;
Die kunstgreep is aan Spanje en Frankrijk nut geweest,
In 't onderdrukken van den Nederlandschen geest.
En wat omtrent die taal van die Afrikaner? Vorm die 'n uitsondering op
die reël? Geensins. Die Nederlandssprekende[1] Afrikaner--'n
afstammeling nie alleen van Hollandse, maar ook van Duitse en Franse
voorouers--het, deur 'n verblyf van twee eeue en 'n half, onder 'n
Afrikaanse son en in 'n Afrikaanse omgewing, kenmerkende eienskappe
ontwikkel, wat aan die Hollander van vandag totaal vreemd is. Dié
eienskappe word natuurlikerwys in die taal van Suidafrika weerspieël;
en juis dié feit is een van die grootste redes vir die skrywe van 'n
Nederlandse taalvorm, wat, ewenas die Afrikaner self, uit Suidafrika
geboortig is. Ons eenvoudige, maar doelmatige grammatika en die vele
tiepiese woorde en uitdrukkinge, in Suidafrika ontstaan of uit ander
tale ontleen om in die behoefte van die land te voorsien, roep luid om
erkenning, en moet ook erken word, as ons die ontwikkeling van ons
volk nie onnodig wil strem nie. En ook niks minder as algehele
erkenning is nodig; want om aan tiepies Afrikaanse woorde Hollandse
stertjies te gaan las of geslagte toe te ken, en ons dan te wil
wysmaak, dat dit goeie "Vereenvoudigde Hollands" is, is niks anders as
broeikaswerk, wat die taalgevoel van Hollander sowel as Afrikaner
kwes.
Laat die Afrikaner maar eers eenmaal besef, dat sy eie
Afrikaans-Nederlands ewe goed en ewe bruikbaar Nederlands is as die
hoogste Nederlands van Europa, ja dat dit vir hom 'n baie dienliker en
geskikter werktuig is, en hy sal ook gou genoeg by magte wees om te
boek te stel alles, wat in en om hom plaas vind.
Die Afrikaanse taalvorm kan tog alleen die draer van 'n eg
nasionaal-Afrikaanse letterkunde word: dit is immers bewys, nie alleen
deur die werke van 'n Celliers en 'n De Waal, maar ook deur die onmag
van hoogbegaafde Hollandsskrywende Afrikaners om tot die hart van die
volk deur te dring. Die "Hoog-Hollands" van die Afrikaner bly vir die
Hollander tog nog altyd "amper Hollands", en vir die Afrikaner "geen
Afrikaans". Dit is dan ook waarskynlik vir alle partye beter, as elke
voëltjie in die vervolg maar sing, soas hy gebek is.
Kan Afrikaans 'n Selfstandige Skryftaal word?
Elke goeie skryftaal moet aan twee eise voldoen: dit moet in staat
wees om ons gedagtes op 'n praktiese, ondubbelsinnige wyse weer te
gee, en dit moet ook 'n seker mate van verhewenheid hê. Nou, wie kan
bewys, dat die Afrikaanse taal onmagtiger of minder verhewe is as
enige ander Germaanse taal? Dit is die taal, wat deur 'n hele volk, ja
in die hoogste en aansienlikste kringe van dié volk, gepraat word, en
wat hom ook reeds by magte getoon het om die diepste digterlike ideë
in sierlike woorde te vertolk.
Die bekwaamheid en doelmatigheid van Afrikaans is nooit ernstig betwis
geword; maar meer as een teëstander het sy toevlug geneem tot die
standpunt, dat Afrikaans laag en plat is--'n gebrou van Hottentots en
Hollands, 'n Maleis-Portugese mengelmoes. Mense, wat so praat, laat
hulle vooroordeel met hulle verstand weghol. Hier is die feite:
Afrikaans is so "plat", dat selfs Dominee dit in sy preke op die
preekstoel gebruik, en dat selfs die hooggeleerdste Afrikaner in sy
natuurlike oomblikke hom daarvan bedien in sy huislike omgewing.
Taalvorsers, wat in alle verskimmelde hoekies gegrawe het, het al te
saam nog geen honderd-en-vyftig Indiese en Hottentotse woorde in ons
taal kon aantoon; en onder dié getal is daar nog meer as een, waarvan
die afleiding verkeerd of twyfelagtig is. Die Maleis-Portugese invloed
veral is geweldig oorskat geword, en daar is o.a. geen voldoende
rekening gehou met dié Maleis-Portugese woorde, wat ook in Hollands
bestaan of bestaan het, en wat ons dus waarskynlik deur Holland gekry
het. Maar dis nie hier die plaas om dié onderwerp te bespreek nie, en
ek volstaan dus met daar net op te wys, dat Afrikaans een van die
suiwerste Germaanse tale is, wat daar vandag bestaan, oneindig
suiwerder as Hollands--om nie eers te praat van Engels nie met sy
duisende van vreemde woorde uit elke moontlike taal ter wêreld
ontleen. Nee, die taal self is seker goed genoeg.
Maar wat omtrent die omstandighede? Is dit wel wenslik en prakties om
in die twintigste eeu met 'n nuwe skryftaal aan te kom? Wel seker is
dit. Dit is wenslik, want dit sal ons 'n intellektuele mag en 'n
natuurlike selfstandigheid gee, wat ons onmoontlik met 'n ander
taalstandaard kan verkry. Nou word dit nog dikwels verskonenderwys
gesê: "Hollands is te moeilik; Afrikaans het ek nooit leer spel nie:
ek is dus verplig om my toevlug tot 'n vreemde taal te neem." In
dieselfde gees word ook menigmaal geklaag: "Hollandse boeke val nie in
my smaak nie; Afrikaanse boeke bestaan daar nie, of nie genoeg nie:
gevolglik lees ek net Engels." Die slotsom van dit alles is: die
Afrikanerdom ly skade, en word van sy beginsels vervreem. Die gees tog
is van oneindig groter waarde as die vorm; en sal ons nou, in ons ywer
om 'n seker, vir die Afrikaner verouderde vorm te behou, die gees
veronagsaam?
Die toestande in ons land is baie gunstiger vir die ontwikkeling van
'n nasionale skryftaal, as dit ooit in enige Europese land gewees het.
Daar is by ons, byvoorbeeld, geen teenoormekaarstaande dialekte nie:
inteendeel, ons taal is wonderlik eenvormig van die Kaap tot aan die
Sambesie; en daar kan dus geen stryd ontstaan omtrent die basis van 'n
algemene skryftaal nie.
Ons het ook die voorreg om by die ontwikkeling van ons skryftaal, die
hulp in te roep van die hedendaagse taalwetenskap om vir ons die beste
woordvorme te bepaal in die paar gevalletjies, waar daar wel verskil
van uitspraak bestaan, of om vir ons aan 'n praktiese, wetenskaplike
spelling te help; en ons hoef dus nie, ewenas die Europese nasies, dié
dinge aan die eeue-durende willekeur van die tyd oor te laat nie.
Dan weer is daar die moderne drukpers, wat ons 'n mag gee, waar geen
middeleeuer ooit van gedroom het nie.
Die allergrootste voordeel lê egter daarin, dat ons Afrikaans 'n
spruit is van 'n edel en ou geslag, wat nie alleen in Suidafrika nie,
maar ook in Holland en Vlaandere voortlewe--'n geslag, wat 'n ryke
litteratuur en 'n uitgebreide woordeskat gesamentlik besit.
Vyftig jaar gelede was die taal van die Czechs versmaad en verag,
sonder letterkunde en sonder enige regte: vandag bloei die taal in hof
en skool en universiteit, nieteenstaande die langdurige verset van die
Duitssprekende inwoners van Boheme; en Praag, die hoofstad van die
land, het dosyne boekwinkels vol met werke in die Czechiese taal--ja,
selfs die straatname van Praag is alleen in Czechies te lees. En dit
alles kon binne 'n halwe eeu geskied, en in weerwil van die bitter
teëstand van die Duitse taal met sy wêreldlitteratuur! Voorwaar, die
saak is in Suidafrika nie hopeloos nie.
Twee Taalstandaarde.
Vir my is Afrikaans en Hollands nie soseer twee afsonderlike tale, as
twee afsonderlike standaarde van dieselfde Nederlandse taal, waarvan
die een meer bepaaldelik in Suidafrika, die ander meer bepaaldelik in
Holland tuis hoort. Elke standaard het sy ontstaan te danke aan die
besondere behoeftes en omstandighede van 'n besonder land.
Atties, Dories en Ionies was drie letterkundige standaarde van
dieselfde Griekse taal; en net so kan Hollands en Afrikaans as twee
gewestelike standaarde van dieselfde Nederlandse taal beskou word.[2]
Die "jas" van die Hollander met sy Europese snit en Europese fraiings
is nie so geskik vir die Afrikaanse veld, en sit ook nie so bevallig
op die breë skouers van die Afrikaner, as die welbeproefde "baadjie";
maar desnietemin kan elkeen tog sien, dat jas sowel as baadjie van
dieselfde stof gemaak is.
Een ding staan vas: daar bestaan geen algehele gelykheid meer tussen
die taal van Holland en die taal van Suidafrika nie; maar of ons nou
ook praat van twee tale of van twee taalstandaarde, die verskille
tussen die twee mag nie tot vyandskap voer nie, want hulle bly tog nog
nou verwant, en die bloei en welvaart van die een is van ontsaglike
betekenis vir die ontwikkeling en vooruitgang van die ander.
Afrikaans veral sal in sy wordingstyd veel te leer hê van die meer
ontwikkelde Hollands, en sal ook sy woordvoorraad vir letterkundige en
tegniese begrippe uit die ou Nederlandse taalskuur moet aanvul. Dit
hoef niemand te bevreem nie, want elke wettige en reggeaarde kind het
reg op 'n erfenis, en alle tale (behalwe die basters en die diewe!)
het so geërf.
Ook die Hollandse en Vlaamse letterkunde is gemeenskaplike goed en sal
dit ook altyd bly solank as die Nederlandse taalvorme nog onderling
min of meer verstaanbaar is. Maerlant behoort ewegoed tot die
letterkunde van die Afrikaner, as Caedmon en Chaucer tot dié van die
Engelsman; en Maerlant is ook heelwat verstaanbaarder aan die
Afrikaner as Caedmon, ja selfs as Chaucer, aan die Engelsman.
En dan vra hul nog: "Waar is jul letterkunde, wat ons vir die eksamens
kan voorskrywe?" Ag, die eksamenvrees! Dit benewel ons verstand, en
selfs manne, wat beter hoort te weet, skrik hul asvaal, as 'n pedante
teëstander maar net iets oor "letterkunde" brom--'n teëstander, wat
dikwels nie eers weet nie, dat sy geliefde Shakespeare in 'n
gemoderniseerde spelling en met 'n verklarende woordelys moet gedruk
word, ten einde aan die moderne leser verstaanbaarder te wees!
Geen letterkunde is ooit gebonde aan die besondere taalvorm, wat op
een of ander tydperk in swang mag wees nie; en dit is alleen onkunde
of vitsug, wat aan 'n Afrikaanse letterkunde eise wil stel, waaraan
selfs geen Engelse of Duitse letterkunde voldoen nie.
Met 'n Afrikaanse skryftaal sal daar geen jota minder letterkunde wees
as met 'n ander Nederlandse skryfvorm nie. Inteendeel, daar sal veel
meer wees; want behalwe die bestaande Hollandse en Vlaamse, sal daar
ook 'n spesiaal Afrikaanse litteratuur wees--wat noodwendig moet volg,
as die Afrikaner selfbewus bly en 'n doelmatige uitingsmiddel vir sy
gedagtes besit. En laat ons tog nooit vergeet nie, dat, hoewel
Afrikaans genoegsaam verskillend van Hollands is, en aan 'n
genoegsaam aparte en selfstandige volk behoort, om as afsonderlike
skryfmedium spesiale voordele vir die Nederlandssprekende bevolking
van Suidafrika te besit, dit tog ook terselfdertyd nog genoegsaam
gelykend op Hollands is, en aan 'n volk genoegsaam verwant aan die
Hollanders behoort, om 'n maklike en dankbare gebruik te kan maak van
die geestesskatte in die Hollandse vorm van die Nederlandse taal
bewaar. 'n Hartelike eendrag is veel meer werd as 'n doodse
eenvormigheid.
'n Oortuigingswerk.
Eendrag maak mag, maar tweedrag breek krag, sê ons ou spreekwoord; en
die ou spreekwoord is nog altyd bewaarheid geword. Onderlinge
verdeeldheid en tweespalk kan alleen tot gewisse ondergang voer, en is
ook gevaarliker as die vuur en die swaard van die felste vyand. Dié
dinge moet dan ook as dodelike gif vermy word.
Hoe ons Afrikaners ook onderling mag verskil omtrent die beste
skryfvorm van ons Nederlandse taal, tog moet ons nooit vergeet, dat
daar 'n hoër taaleenheid bestaan, wat geen onderskeid ken tussen
Hollands en Afrikaans. Die werk van die Afrikaanse Beweging is dan ook
'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk moet dit altoos bly. 'n
Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n vrind en 'n
bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as jyself,
moet jy oortuig--as jy ten minste nie jou eie ondergang wil
bewerkstellig nie.
Dat die skryftaal van die Afrikaanse volk vroeër of later
Afrikaans-Nederlands sal wees, staan by my onteenseglik vas; en ek
grond my mening op die geskiedenis van die wording van ander tale en
op die herlewing in ons volk; maar dié mening regvaardig my nog glad
nie om voortaan teen elke Afrikaner, wat nog aan die ouer taalvorm
vashou, te velde te trek nie--en dit selfs onder die oë van die vyand,
wat gereed staan om ons albei te verslawe en deur ons verdeeldheid oor
ons te heers.
En ons, jong Afrikaners, moet ook nie somaarso die ou kampvegters van
'n vorige geslag oor die hoof sien nie, eenvoudig omdat hulle ons
nuwighede 'n bietjie onsimpatiek behandel. Hulle het hul hele lewe
lank net Hollands gelees en geskrywe; en die aangebore konserwatisme,
wat aan elke mens eie is, en wat seker nie met die jare verminder nie,
word lig geskok deur 'n "taaltjie", wat _ons is_ wil skrywe in plaas
van _wij zijn_! So 'n standpunt is nie heeltemal onverklaarbaar nie,
en dit hoef ons ook geensins te berowe van die hulp en die raad van
dié geharde stryers, wat douvoordag op was om vir ons te werk, en aan
wie dit te danke is, dat die bestaan van 'n Afrikaanse Beweging vandag
moontlik is.
En die ouer geslag? Sal hulle dan ook nie 'n bietjie notiesie neem van
die woorde en werke van die jong geslag nie? Ons stry tog nog vir
dieselfde beginsels, waar hulle voor geveg het--net, ons wil
Afrikaanse wapens gebruik, omdat dit meer by die hand, makliker te
hanteer, en doeltreffender in die stryd is. Ons verwag ook van hulle,
dat hul nie die onkundige of bevooroordeelde uitlander sal napraat
nie, as hy ons wil wysmaak, dat ons Nederlands 'n patois, 'n
mengelmoes, 'n kombuistaal sonder grammatika en sonder woordeskat is!
Sulke skreiende onkunde is begryplik in iemand, wat alles, wat
Hollands of Afrikaans is, verag; maar by iemand, wat die Afrikaanse
taalvorm elke dag hoor en ook self praat, sal ons nie sulke gesegdes
soek nie.
Selfs die bewering, dat Afrikaans 'n dialek van die Hollandse taal is,
is nie genoeg om die ondienlikheid of onwenslikheid daarvan te bewys
nie; want elke litteratuurtaal, sonder onderskeid, het een of meer
dialekte tot grondslag; en elke dialek word 'n litterêre taal, sodra
'n volk daarin begin te skrywe en dit tot voermiddel van sy gedagtes
maak.[3]
Twis en tweedrag moet ons dus vermy. Maar met dié woorde word geensins
bedoel, dat ons voortaan moet stil sit en wag, tot die tyd "ryp" word
nie. Die tyd word nooit vanself ryp nie: dis die mense, wat dit ryp
maak deur woord en daad.
'n Saak kan altyd op 'n besadigde en verstandige manier bespreek word,
en moet ook bespreek word, as ons vordering wil maak; want as ons
altyd bang vir verskil van opienie is, dan sal ook nooit enige nuwe
denkbeelde kan verkondig word nie; en die gevolg sal wees stilstand en
verstening.
Die werk van die Afrikaanse Beweging is, om die volk te "beweeg" en op
te wek om die voordele van 'n eie Afrikaanse taal in te sien. Dié werk
mag nooit stilstaan nie, voor en aleer die meerderheid van die volk
oortuig is. As daar waarheid en lewenskrag in die Beweging sit, dan
sal die dag ook gewisselik aanbreek, dat die meerderheid deur minsame
rede oortuig word; en dan sal die Afrikaanse taalvorm ook vanself tot
sy regte kom, sonder omwenteling en sonder onenigheid.
Ek geloof nie, dat die vurigste Afrikaans-gesinde die Afrikaanse taal
wil forseer en aan die volk teen wil en dank wil opdring nie. Dit is
nie alleen gek nie, maar onmoontlik! Nee, van opdring en dwing is daar
geen sprake nie: die werk is 'n oortuigingswerk. Aan die werk kan en
moet elkeen, wat reeds oortuig is, help, want hoe eerder ons die
meerderheid aan ons kant het, hoe beter vir die verstandelike
vooruitgang van ons volk.
En die beste middel om ander te oortuig, is om self die Afrikaanse
taal, by elke geleentheid, te gebruik, en sodoende die nut en die
dienlikheid daarvan te bewys. Woorde wek, maar voorbeelde trek.
Alles maar Slim Praatjies!
En hoe antwoord die teëstanders die argumente ten gunste van 'n
Afrikaanse skryftaal?
Gewoonlik is dit 'n siddering en 'n bewing vir 'n breuk van die band
met Holland, en daar word dan gepraat en gehandel, asof die sogenaamde
"Vereenvoudigde Hollands" van Suidafrika gelyk is aan die skryftaal
van Holland, terwyl die feit wil, dat die oorgrote meerderheid in
Holland van geen vereenvoudigde skryftaal wil weet nie, en die
Hoog-Hollands van die Afrikaner ewe "raar" vind as sy Afrikaans.
Sê die Afrikaner, dat Hollands styf en onnatuurlik vir hom is, dan
antwoord die teëstander, met 'n skyn van geleerdheid: "Het Hollands
lijkt de Afrikaner stijf en artificiëel om geen andere reden, dan dat
hij er geen behoorlik onderricht in heeft gehad, en hij het zo slecht
kent. Had het Hollands op school gelijke rechten met het Engels, dan
zou het Afrikaanse kind zich het Hollands veel gemakkeliker eigen
maken dan het Engels. In Holland wordt dat bewezen, doordat de Fries,
de Brabander, of de Limburger, die ook thuis en in de dagelikse omgang
buitenshuis zijn eigen taal of dialekt spreekt, toch ook met gemak
Hollands leest en spreekt." Dié argument word af en toe gehoor, veral
uit Holland, en dit geld as 'n besonder kragtige argument. Die
redenasie is egter ver van oortuigend. Geen verbeterde onderwys kan
die natuurlikheid van die alledaagse omgangstaal aan 'n ander taalvorm
gee nie--nee, nie eers in Friesland, Brabant of Limburg nie.
Suidafrika, egter, is geen provinsie van Holland nie, en sy belange
en toestande is totaal verskillend: hier word o.a. 'n felle taalstryd
gevoer--'n seën, waarvan die drie genoemde provinsies vry is. Had ons
'n menigte dialekte, dan was daar natuurlik nog veel te sê vir
Hollands as onsydige landstaal; maar die vry grote eenvormigheid van
Afrikaans oor ons hele spraakgebied maak die gebruik van 'n ander
gemeenlandse taal onnodig en onprakties. In grammatika is die
verskille tussen Hollands en Afrikaans ook veel ingrypender as tussen
Hollands en enige dialek van Holland; en in dié hoogs belangryke opsig
staan Afrikaans werklik nader aan Engels. Dink maar net aan die
woordgeslag en die ingewikkelde vervoeging van die skryftaal en die
dialekte van Hollands en Vlaams! Dit maak ons taalstryd soveel
gevaarliker, daar Engels nie alleen op sy eie eenvoudige grammatika,
maar ook op die natuurlike ontvanklikheid van die Afrikaner kan staat
maak. Alleen die erkenning van ons eie grammatika sal teen dié gevaar
bestand wees.
Dit word heel dikwels beweer, dat Afrikaans te na aan Hollands staan
om as afsonderlike litteratuurmedium op te tree. Maar is Deens, Noors
en Sweeds dan nie ewe na aan mekaar verwant nie? En staan Spaans en
Portugees ook nie betreklik na aan mekaar nie? Hoe na aan of hoe ver
van 'n ander taal dit staan, het niks hoegenaamd met die
noodsaaklikheid of die dienlikheid van 'n taal as selfstandige
skryftaal te doen nie. Elke selfbewuste volk, wat 'n afsonderlike
geheel vorm, met afsonderlike maatskaplike en staatkundige belange,
sal die taal, deur die meerderheid van die volk gepraat, tot
skryftaal ontwikkel, onverskillig hoe min of hoe veel dit op die
skryftaal van 'n ander volk gelyk.
Dan weer heet dit, dat ons bevolking te klein is. Maar Ysland, met sy
wêreldberoemde saga-litteratuur, het selfs op sy bloeiendste tydperk
nie meer as 600000 inwoners gehad nie; en Wales, 'n ander land, waar
die tweetalige duiwel aan die woed is, tel ook maar sowat een miljoen
Welssprekende, en tog is daar geen tekens, dat die Welse taal aan
uitsterwe is nie. En waarom moet ons, Afrikaners, dan moed opgee--ons,
wat by die dag meer word?
Die vrees is ook meer as eenmaal uitgespreek, dat 'n Afrikaanse
skryftaal nodeloos ons lesende publiek sal beperk tot die driekwart
miljoen Afrikaners en ons geen lesers onder die miljoene van Holland
sal besorg nie, en dat die klein debiet van ons boeke dan geen
skrywers sal uitlok en dus die ondergang van die Nederlandse taal in
Suidafrika sal vergewis. Dit is egter in die laaste jare ten
duidelikste geblyk, dat die bevolking van Holland veel meer belang
stel in ons Afrikaanse as in ons "Hoog-Hollandse" produkte. Hollands
en Afrikaans is ook onderling nog vry verstaanbaar, sodat 'n
Afrikaanse werk, wat die moeite werd is om te lees, altyd ewe gretig
in Holland en Vlaandere as in Suidafrika sal gelees en verstaan word,
ewenas die intelligente bevolking van Suidafrika sal voortgaan om
Hollandse en Vlaamse werke te lees en te bestudeer.
Die tweetaligheid van Suidafrika en die daaruit spruitende onluste
verskaf stellig die mees geliefde argument teen die gebruik van die
Afrikaanse skryftaal. So'n kersvers Afrikaans, heet dit, kan tog
onmoontlik standhou naas die Engelse wêreldtaal, met sy uitgebreide
litteratuur. Maar wat leer die voorbeeld van Boheme ons? En leer Wales
en Ierland ons ook nie, dat 'n wêreldtaal met 'n wêreldlitteratuur nie
altyd die sterkste is nie?
Die gebruik van die Afrikaanse skryftaal sal ook geen verandering in
die bestaande spreektaal bring nie (behalwe dat dit die spreektaal
teen verwildering sal bewaar); en ook die bestaande letterkunde sal
bly, in watter taalvorm dit ook al mag geskrywe wees. 'n Skryftaal,
wat maklik en prakties is--dis al, wat ons meer wil hê. En hoe
makliker ons skryftaal, hoe hoopvoller die taalstryd; want 'n maklike
grammatika en 'n maklike spelling het nog in elke taalstryd twee
gedugte wapens geblyk. Laat elkeen maar eers besef, dat sy alledaagse
Afrikaans goed genoeg is om te skrywe, en kyk dan, of die Afrikaner
nog Engels aan sy mede-Afrikaner sal skrywe!
'n Ander argument, wat 'n seker klas mense by voorliefde van gebruik
maak, is dat die meerderheid van die volk teen Afrikaans is,[4] en dat
ons net onnodig stryd verwek. Maar watter hervorming het ooit met 'n
meerderheid begin? Die volk is meestal teen 'n nuwe ding, eenvoudig
omdat die nut en die voordeel van die nuwe ding nog nie duidelik
gemaak is nie; maar om nou die volksonwetendheid en -vooroordeel 'n
ekskuus vir individuele swakheid en papheid te maak, is baie dieselfde
soort redenasie as dié, wat Adam en Eva in die Paradys gebruik het om
hulle ongehoorsaamheid te verontskuldig. Of Afrikaans is die beste
skryfvorm vir die Afrikaner, òf dit is dit nie; en as dit bewys is,
dat dit die beste is, dan word dit die dure plig van elke opreggesinde
Afrikaner om vir die spoedige en algehele erkenning daarvan te werk.
Hulp by die saai is veel meer welkom as hulp by die maai.
Die Verband van die Taal.
Die verskil tussen Afrikaans en Hollands lê hoofsaaklik in die
grammatika, en by name in die fleksie. Die woordeskat en die idioom
van die twee taalvorme is nog baie eners, hoewel ook hier volstrek
geen algehele gelykheid bestaan nie.
Tereg sê meneer Preller:
Afrikaans is vir ons méér as Hollands, omdat dit Afrikaans is
plus Hollands: Hollands, verryk met die Afrikaanse woordeskat,
en sagter en buigsamer gemaak in 'n Afrikaanse vorm-leer. Dis
àl.
Dit lyk duidelik genoeg, maar desnieteenstaande is dit 'n treurige
feit, dat baie van ons allerbeste skrywers die taal skandelik verkrag
deur onnodige ontleninge uit die Hollandse grammatika. Ons woordeskat
kan en moet ons aanvul uit die Groot-Nederlandse voorraadskuur, maar
ons grammatika moet altyd suiwer Afrikaans bly. Word dié eenvoudige
beginsel veronagsaam, dan berowe ons nie alleen ons taal van sy
eienaardige karakter nie, maar ontneem ons ook onsself alle reg om 'n
aparte taalstandaard vir Suidafrika te ontwikkel.
Grammatiese vorme as _wy_ (Afr. _ons_), syn (Afr. _wees_ en _is_),
_ben_ (Afr. _is_); _der_ (Afr. _van die_); verlede tye as _kwam_,
_werkte_, _hoopte_; infinitiewe as _kappe_, _rukke_, _sitte_;
partisipiële konstruksies as _sy staat te wag_, _vashouende in haar
één hand haar sambreel_, is geen Afrikaans en sal dit ook nie maklik
word nie. Sulke geleende vere ontsier baie van ons verhewenste poësie,
en gee ons die onaangename indruk, dat ons tiepies Afrikaanse
woordvorme en sinswendinge nie goed genoeg vir wit papier is nie.
Die bestaan van 'n buigingsvorm in Hollands is ook nog glad geen rede
vir die invoer daarvan in Afrikaans nie; en ons taal is ook voorwaar
nie armer nie, as dit 'n buigingsvorm mis, wat in 'n Hollandse of
Latynse grammatika aangetref word. Die _buigingsvorm_, as sodanig, het
maar heel weinig waarde: dis die _betekenis_ daardeur uitgedruk, wat
van belang is, en dieselfde betekenis word in een taal deur middel van
'n buigingsvorm, maar in 'n ander taal deur middel van 'n partiekel of
aparte woord of woorde uitgedruk. As dié eenvoudige feit onthou word,
dan sal daar veel minder wysheid uitgekraam word oor die "armoede" van
Afrikaans, wat, soos dit heet, nie eers 'n verlede tyd het nie! As
buigingsvorme 'n taal ryk maak, dan moet die Boesmantaal stellig baie
ryker as die Engelse taal wees!
Die reëls van ons taal moet netsowel as die reëls van die versmaat en
die rym gehoorsaam word; en elke skrywer moet onthou, dat hy ons
Afrikaanse taal nie somaarso in enige Hollandse pakkie kan dwing, of
dit na hartelus met ou vorme kan besaai nie. Verouderde grammatiese
vorme moet selfs in poësie uitsondering en nie reël wees nie; en in
gewone prosa is dit eenvoudig onduldbaar. Die grammatika is die
verband tussen die boumateriale of die woorde van die taal, en daarvan
hang die stewigheid en die selfstandigheid van elke taalgebou af.
Sonder die regte verband word die grootste woordeskat 'n majestueuse
ruïene.
Nog 'n Plantjie vir die Tuin!
Die gedigte in hierdie Afrikaanse bundeltjie is 'n nuwe blyk van die
bewusword van ons volk en van ons ontluikende Afrikaanse letterkunde.
Ek ken die skrywer al vir jare, maar dit was eers onlangs, dat ek
ontdek het, dat hy kon "rympies" maak. 'n Gesprek met hom oor die
toekoms van die Nederlandse taal in Suidafrika het my die aangename
kennismaking met sy gedigte besorg. Ek het die handskrif met soveel
genoeë deurgelees, dat ek daar ten volle van oortuig was, dat dit te
goed is om in 'n tafellaai te lê en roes. Ek laat dit aan die leser
oor om te oordeel, of ek heeltemal verkeerd het!
Die gedigte was my weer 'n nuwe bewys, dat ons eie Afrikaans tog maar
die natuurlikste voermiddel vir die Afrikaner is; en dit het dan ook
tot my hart gespreek op 'n wyse, soas alleen die moedertaal by magte
is.
Ek het van die gedigte van my vrind Leipoldt gehou, want ek het daarin
gekry 'n ware digtersiel vol gevoel en verbeelding, wat weet om die
leed van homself en van sy volk te vertolk; 'n wonderlike
vertrouelikheid met die lewe, kleure en poësie van die natuur; en 'n
ongekunstelde, melodiese Afrikaans--kenmerke, wat die skrywer m.i. 'n
eervolle plaas onder ons ander Afrikaanse digters besorg. Die inhoud
van die gedigte kan in sy eie woorde opgesom word:
Ek sing van die wind, wat tekeer gaan,
Ek sing van die reën, wat daar val,
Ek sing van ons vaal ou Karooland,
Van blomme, wat bloei by die wal,
Van water, wat bruis oor die klippe,
Van duikers, wat draf oor die veld,
Van voëls, wat daar sing in die bossies,
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
Is iemand vatbaar vir egte natuurgenot, laat hy dan die _Lenteliedjie_
en _Oktobermaand_ lees, waar hy 'n pragtige natuurprentjie in
bekoorlik-eenvoudige taal geskilder sal aantref. Maar hoe lief
Leipoldt ook al die natuur het, dit is nie hoofsaak by hom nie: dit
dien maar vir teëstelling of vir agtergrond vir sy eie diepgevoelde
smart. Hy is in die eerste plaas 'n digter, wat onthou, wat sy volk
wedervaar het.
Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs, het so baie gepla?
Die yster het gloeiend 'n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk, en die wond is te na,
Te na aan ons hart en te diep in ons lewe:
"Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!"
Dieselfde snaar hoor ons besonder duidelik tril in _Aan 'n
Seepkissie_, _Die ou Blikkie_, _Vrede-aand_ en _Oom Gert vertel_.
Ja, Leipoldt is iemand, wat in sy siel voel en wat "uit pure
verstrooiing" genoodsaak word om te sing; en vir my altans het sy sang
geweldig bekoor.
Ek heet die gedigte hartelik welkom, en hoop, dit sal 'n weerklank
vind by menige Afrikaner, wat nie alleen 'n oog het vir die skoonhede
van die natuurlewe en 'n oor vir die klanke van ons eie taal nie, maar
ook 'n hart vir die lyde van 'n digter, wat meevoel met sy volk.
JOHANNES J. SMITH.
LONDEN, Oktober 1911.
STELLENBOSCH, Oktober 1916.
FOOTNOTES:
[1] "Nederlands" word in hierdie Inleiding altyd gebruik in sy wye
betekenis, en sluit in: Hollands (die taal van die Hollanders), Vlaams
(die taal van die Vlaminge) en Afrikaans (die taal van die
Afrikaners). Hollands en Afrikaans is twee standaarde of vorme van
dieselfde Nederlandse taal.
[2] Ook Vlaams kan as 'n aparte standaard van die Nederlandse taal
beskou word; maar die verskil tussen Hollands en Vlaams is nie so
groot as die tussen Hollands en Afrikaans nie. Daar is ook al 'n
Indies-Nederlands, wat veral in woordeskat heel wat afwyk van
Hollands-Nederlands.
[3] So is Engels oorspronklik niks anders as die dialek van Londen,
Hollands die dialek van Suidholland, Frans die dialek van Parys, ens.
Afrikaans is reeds dikwels by een of ander van die vele Nederlandse
dialekte vergelyk; maar sulke vergelykinge lewer geen afdoende bewys
nie, want uit 'n blote taaloogpunt beskou, is Hollands ook maar 'n
dialek van Duits, en Portugees 'n dialek van Spaans.
Die taal van 'n afsonderlike volk en van 'n uitgestrekte wêrelddeel is
nie dieselfde nie, as die taal van die inwoners, dikwels alleen van
die laagste inwoners, van een of ander stad of streek, wat maar 'n
kleine onderafdeling vorm van 'n groter geheel; en Suidafrika staan in
'n heel ander verhouding tot Nederland, as, sê, Rotterdam of Zeeland.
[4] In 1916 is dit waarskynlik nie meer waar nie. Afrikaans geniet nou
al aansienlike erkenning in die laer onderwys, in enkele
kerkgenootskappe, in die dagbladpers en op publieke platforms. En Jong
Suidafrika is byna as één man ten gunste van Afrikaans.
GEDIGTE.
Oom Gert vertel.
Ja, neef, wat kan ek oumens, jou vertel?
Jy wil die storie van ons sterfte hoor?
Nou goed!
Dis nooit te laat nie om daarvan
Te leer en van gebruik te maak, veral
Vir julle, jongling-mense. Hou maar vas
Aan wat ons het, en staan orent, en neem
Jul aandeel aan ons nasie!
Maar jy kom
Verkeerd by my; daar 's menige beter man,
Wat jou die storie goed agtermekaar,
En met 'n les daarby, en meer begrip
Van al die politiek ook, kan vertel
As ek: ek weet maar uit my eie siel,
En kan maar grawe uit my eie hart,
En dit is baie oud en amper dood--
My hart, meen ek--en waarlik, as jyself
Soveel het deurgemaak, soveel gely,
Soveel geworstel, en soveel gesien,
Van wat jy liewers nooit nie het gesien,
Dan was jou hart ook nie meer sonder kraak.
Maar kom--wat kan ek nou vir jou vertel?
'n Lang geskiednis is dit! Treurig ook,
Want daar gaan snikke en trane deur, ou neef!
Wil jy dit aanhoor? Goed!
Maar sit, man, sit!
Ek kan jou nie vertel nie, as jy staan.
Sit daar. (En, Gerrie, gee hom wat te drink,
En pa kan ook 'n slukkie koffie sluk.)
Nou ja, jy weet, neef, toe ons mense hier
Almal beteuterd deur die oorlog was,
Het kakies op kommando hier ons dorp
Beset, en Martjie Louw geproklameer.
Ou Smith, die magistraat--hy was 'n man
Vir wie ek eerbied voel, al is hy Engels:
Hy was tog altyd nog 'n jentelman,
En het met onse mense akkordeer;
Maar hulle het hom soetjies afgesit
En na Oos-Londen toe gestuur, omdat
Hy nie na hulle pype vlot wou dans,
En in sy plaas 'n kolnel aangestel;
Sy naam--nou Gerrie, wat was ook sy naam?
Jones? Nee, kind, dit was maar sy offisier--
Jy weet, die aap met strepies op sy mou--
Ek het dit! Wilson was die vent se naam:
'n Dik, vet kêrel, met 'n grysgeel snor,
En lang slagtande, en rooi in die gesig;
Die mense sê, hy suip; maar ek het nooit
Hom dronk gesien; en wil ook nou nie meer
Agter sy rug die man beskinder nie,
Al was hy ook 'n deugniet--dit maak niks!
Hy het ons onderdruk; sy hand was hard:
Geen lig mag in die kamers brand; geen mens
Mag buite op die straat gaan na agtuur;
Orals het hy op ons spioen, en selfs
Ons huise deurgesnuffel om te sien,
Of ons miskien nie wapens het of kruit,
Patrone, doppies of so iets; hy dag,
Ons het 'n heelboel kos byeengegaar
Om vir die Boerkommando's af te gee.
Ja, neef, sy hand was hard! (Hartlam, gee weer
Die suikerpot; twee klontjies is te min;
Jy weet, pa drink sy koffie soet.)
En ons
Was deur die war daarmee, half uit ons vel;
En niemand van ons mense het geweet,
Wat môre of oormôre vir ons wag.
Die dorp was vol gebrom, net soos 'n deeg,
Waardeur jy goed die suurdeeg het geknee--
Jy weet, hoe rys die ding: nou net so ook
Met onse mense! Maar wat kon ons maak?
Die jongmense veral was baie steeks--
Ons kon hul byna nie in toom meer hou--
En twee van hul het sieto omgespring.
(Hartlam, neef Klaas se koppie is weer leeg.)
Een aand kom Bennie Bêrends na my toe,
En met hom Johnnie Hendriks, Saarl se seun.
Hul het die straat so stiltjies oorgespring:
Die skildwag het hul nooit nie eers bespeur--
Anders het ek en Saarl daarvan moet hoor,
En op die koop 'n boete nog betaal!
Ou Saarl was altyd maats met my gewees,
Maar hy het in dieselfde maand gesterwe
Van kanker in die maag--die Heer se hand!
So het hy nie die dag oorleef. Maar kom,
Ek gaan te vinnig met die saak vooruit.
Hier op my stoel het ek gesit, en daar
Waar jy nou sit, het Bennie ook gesit.
En Johnnie vlak naas hom. Ek sien hom nog,
'n Opgeskote kêreltjie, nog nie
Heel droog agter die ore was hy toe,
Nogal astrant en sniprig met sy mond,
Dié jaar nog aangeneem. (Gerrie, my kind,
Haal tog die album.)--Hier is sy portret,
En hier is Bennie syne; daar is die reël,
Wat sy oorlede ma geskrywe het,
Die dag na--na--sy dood. Jy kan dit lees;
My bril die pas nie mooi, en in die rook
Kan ek so goed nie sien nie. Lees maar voor.
"Barend Gerhardus Barends,"--Reg! en nou?
"Geboren op den zesden Mei,"--Ja reg!
"Ge...."--Maak die boek maar toe: ek weet dit al!
(Hartlam, kom neem dit weg. Wat staan jy daar
Beteuterd as 'n kat? Kom, skink weer in:
Ons het mos melk genoeg en suiker ook,
En Martjie Louw is nou nie in die dorp!)
Ja, Bennie was 'n egte witmenskind!
My peetseun--en, ofskoon ekself dit sê,
'n Regte mooi soort vroumens-kêreltjie,
So paal-orent en met 'n kaal gesig:
'n Skeermes het hy glo nog nie gebruik.
(Hartlam, gaan kyk, of Leentjie al die hout
In die kombuis gebring het.)
Ja, ou neef,
Hy het vir Gerrie hier gevry; en ek
Was ook nie teen die saak, want Bennie was
'n Uitgesnyde jongetjie vir haar.
Jy sien, sy is nog nie goed oor die bult;
Maar ons moet almal oor die drimpel klim,
Al is dit ook so swaar, ons hart moet breek!
En hartlam sal ook met ons Liewen-Heer
Se seën daaroor stap, en haar smart vergeet,
Al gaan dit moeilik--maar dit moet tog gaan!
Maar as ons oor hom praat, dan pas dit tog,
Dat ons haar eers die kamer uit sal stuur.
Nou goed! waar was ek?
Ja, die aand, toe hul
By my kom raad vra. Bennie had 'n plan:
Hy wou met Johnnie weg na Witkransspruit--
Dáár, so het hul verneem, was Smuts gelaer
Met sy kommando.
Ek was amper flou
Om dit te hoor. Ek het vir hul vermaan--
Maar nee!
Ag, neef, 'n jongmens is tog steeks!
En Ben was altyd koppig: selfs as kind
Het hy daar baie keer om sla gekry!
En hul was vas beslote om te gaan.
Ek het twee perde toe by my gehad--
Die kakies het dit nog nie afgeneem--
Ek weet nie waarom nie, maar ek kan sweer,
My skuld was dit nie, dat die diere nog
Daar in die tuin gestaan het, maar hul het!
Nonnie--my vrou en Gerrie haar ma: sy het
Dieselfde jaar gesterwe in Goudini,
Van hartkwaal, want die oorlog het haar ook
Gebreek in siel en liggaam--Nonnie ook
Het meegewaarsku, maar dit was vergeefs!
"Ons kan dit nie hier uithou nie, Oom Gert,
'n Mens moet tog iets vir sy nasie doen."
"Doen! doen! iets doen! ag, wat kan julle doen?
Wat kan ons algar doen?"
Maar tevergeefs.
Nonnie het toe my knapsak volgeprop
Met biltong en beskuit; en ek het self
Die saalsakkies met hardgekookte eiers
En ander padkos volgelaai, want hy
Was tog my peetseun, en dan Johnnie ook
Neef Saarl se seun--en Saarl en ek was maats!
So kan geen mens my dit tog kwalik neem,
Al was ek ook 'n Britse onderdaan:
Kan ek my eie vlees en been sien ly,
As ek nog kos het? Nee, neef, ek hou vas:
En my gewete het my nooit gekwel!
So, kort en goed, die twee is weg en hoor,
Die môre was die heel gespuis om my!
Die kolnel, as 'n brommer, gons en gons
En vloek en maak lawaai--maar ek staan pal.
Ek kon mos nie gehelp het, dat die perde
Nog in die tuin gestaan het, en ek sê,
Dat dit sy skuld was, en nie myne nie;
Maar van die biltong en beskuit en eiers
Het ek hom toe maar liewers niks gesê.
Hoe ons die maande deurgelewe het?
Neef, vra my nie! Die tyd is as 'n wolk,
Wat oor ons hang, en nie maar oor ons dorp,
Maar oor ons land, die hele nasie oor!
Op een dag kom die nuus.... (Wag, hier 's sy weer.--
Ag, hartlam, ja die hoenders van die stoep.
Kyk daardie haan; hy krap die blomme uit!)
Nou, eendag kom die nuus--ja, wat 'n skrik!
Johnnie en Ben was albei vas gevang
En in die tronk gestop. 'n Krygsgerig--
Jy weet die res! En daarop weer 'n slag:
Die vonnis was--hul al twee word gehang!
Ons Liewen-Heertjie weet, dit was 'n slag!
Ons het ons bes gedoen, maar tevergeefs;
Die vuilgoed skreeu om wraak--en hul moet hang!
Dié môre kom die hoofkonstabel sê:
"Die kolnel stuur sy komplimente!"--God!
Sy komplimente,--hoor! het jy verstaan?
Verstaan jy, neef?--sy komplimente!
Nee!
Bedaar, bedaar, my hart al kraak jy ook:
Ons moet die drimpel oor, al breek ons dood!
En "Asseblief, wil ek op môre kom
En sien, hoe 'n rebel word getrakteer,
Anders...." Die hoofkonstabel was 'n man;
Hy het hom nie op sy gemak gevoel,
Toe hy die boodskap aan my het kom bring;
En ook die kakies, moet ek sê, was goed,--
Maar hul moes tog hul plig doen. Ek was bly,
Dat hul dit nie astrant gedoen het nie.
Die hoofkonstabel--Nichols was sy naam:
Hy 't later in die Vrystaat lood geëet
En dit nie goed verteer nie--sê vir my,
Die anders het ook so 'n bevel gekry,
En daar sou meer van ons die--nou jy weet!--
Daar in die tronk aanskou. Hy waarsku my,
Ek moet maar kom, al gaan dit bo my keel.
Dié nag het ek en Nonnie nie geslaap.
Ja, ek onthou nog goed! Die dag was koel--
'n Mens vergeet mos so 'n dag nie gou!--
Met net 'n bietjie oostewind, half koud,
Want Nonnie het daar sinkings van gekry:
Sy het aan sinkings veel gely, en kon
Nooit koue goed verdra nie. Soos ek sê,
Die dag was koel, en daarom was my jas
Dig toegeknoop--jy weet, ek hou daarvan
My onderbaadjie te laat spog: vir wat
Dra 'n mens 'n onderbaadjie, as geen mens
Dit sien nie?--Maar die weer was regtig fris.
En daarom was my baadjie toegeknoop.
En by die draai, daar onder by die meul,
Het ek die anders almal vroeg ontmoet,
Want, soos ek sê, ons algar was geroep.
Die predikant was daar, en Albert Louw--
Jy ken tog Skeeloog-Louw, neef Klaas? Nou ja!
En Michiel Nel, en Gys van Zyl, en Piet--
Maar Piet sal jy jou nie herinner nie,
Want hy was voor jou tyd; hy was 'n vent
So sterk as Simson: arrie, hy was sterk!
En net so steeks as 'n skerpioen was hy!
Maar koddig, neef, en ook 'n grappiesmaker,
Selfs as die wolke donker was, en dof
Die donder deur die wolke dreun. Nou ja,
Ons algar het ons foute, en ek wil
Dit nie vir Piet Spanspek so kwalik neem,
Dat hy nog altyd grappies het gemaak,
Toe al ons anders mislik was en naar.
"Die wind skeef glad, neef Gert," het hy gesê,
"Jy moet vir Ben jou oorjas leen: miskien
Kry hy swaar weer daar boontoe!" En hy lag!
Maar ek was bly, die predikant was daar:
Eerwaarde het hom op die plek berispe
En mooi die kop gewas.
"Is dit 'n tyd
Vir pret, meneer Van Ryn?" het hy gevra.
"Foei, foei! hoe kan u so iets waag vandag,
As onse harte vol is, en ons oë
Nog donkerdof met trane vir ons land?"
(Hartlam, jaag tog die hoenders uit: hul maak
Die werf so vuil; ons kan ons selwers help.)
Maar Piet Spanspek was nooit nie op sy mond
Geval nie, en hy het ook voortgegaan
Met grappies maak, ofskoon ons niks van hom
Gehoor het en ook nie geluister het.
Ek dink, hy was so mislik as ekself,
Maar wou nie, dat dit opgemerk sou worde.
Ons het die voorplein van die tronk betree,
En dit was vol met kakies. By die poort
Het hul ons twee by twee laat binnekom.
Daar in die agterplaas, daar staan die galg,
En naas hom Ben en Johnnie, hand aan hand,
Want hul was nie geketting; en ons het
Verlof gekry om met hul te gaan praat,
Maar net vir vyf minute.
Ek was stom,
Geheel verbouereerd en sonder tong;
Maar Bennie het my by die hand gevat.
"Oom Gert, dis kant en klaar! Goeiendag, Oom Gert!
Sê vir Tant Nonnie en vir Gerrie--nee,
Sê liewers niks, want hulle sal verstaan."
En Johnnie, met 'n glimlag om sy mond,
Het ook my hand geskud. "Dag, Oom." sê hy.
"Nee, Oompie, moenie grens nie!"--Soos ek sê,
Was Johnnie altyd half astrant gewees,
En sniprig ook.--"Nee, Oompie, moenie grens!
Ons het ons plig gedoen, en nou 's dit uit."
Toe het hul met die predikant gepraat;
En ek, as naaste bloedverwant van Ben,
Het met hom na die galg gegaan en daar....
Nee neef, dis maar die rook! Ek word al oud,
En jou tabak is al te sterk vir my.
Ekself rook swak tabak: jy weet, dit maak
My oë nie so seer.
Nou waar was ek?
Ja, toe het ons hul almal handgegee.
Geeneen van ons kon praat nie; Piet was stom
En net so naar as ek, en een van ons--
Ek weet nie, wie dit was--het hard gesnik.
Die kakies het oor Bennie se gesig
'n Sakdoek, of 'n kopdoekie of iets
Net soos 'n mus wil trek, maar Bennie vra--
En nog op Engels ook: hy kon dit praat--,
Of hulle hom nie sonder dit kon hang.
Die kolnel knik; en toe....
Nee, neef, laat staan!
Wat vat jy weer my hand? Laat bly my hand!
Vervlaks, hoe kan ek nou vir jou vertel,
As jy my somaar afbring van my rym?
Blaas net jou rook uit na die ander kant:
My oë is te oud vir jou tabak!
(En, hartlam, haal vir pa 'n sakdoek.)
Nou,
Daar is nie meer. Ons het weer tuisgekom,
En in die kamer hier het ons gekniel;
'n Korte bidstond het die predikant
Gehou vir ons--en daarna was dit uit.
Dié aand nog het neef Piet en Skeeloog-Louw
Die dorp uit na die naaste plaas getrek
En hulle by ons mense aangesluit.
(Hartlam, gee weer vir pa die suikerpot,
En skink dan nog 'n koppie vir neef Klaas.)
Oktobermaand.
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.
Dit is die maand Oktober:
die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
nog as 'n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.
Dit is die maand Oktober:
die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.
Al was die dag soos yster,
lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wêreld
die mooiste geur geslaan.
Dit is die maand Oktober:
die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
daaronder by die sluis,
Daar is 'n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis,
Dit is die maand Oktober:
ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober:
my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre.
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
Aan 'n ou Boek.
Op die solder, waar die rotte
Hulle neste het gebou,
Waar die vlermuise en motte
Elke aand kommissie hou,
Het ek jou gevinde, ou maat, en jou maters lê daar nou.
Voor ons voorgeslag gebore
Was, het mense jou gelees;
Monnik, ridder, lang tevore,
Was met jou al maats gewees,
En hul het hul siek gelag oor al jou vuur en al jou gees.
Baie jare al gelede
Lê jy op die solder daar,
Rustig in jou rus, tevrede
Met jou lot, van jaar tot jaar.
Ou maat, waarom het die rotte vir ons al jou gees gespaar?
In Amsterdam.
As ek vanaand so moedersiel
Alleen hier by die vuurherd sit,
Dan borrel my geheue op,
En maak my hart en siel uit lid;
Dan dink ek aan die veld, en aan
Die doringbome by die krans,
Waar koggelmannetjies die son
Hou vir 'n maat om mee te dans;
En aan die duine, waar die wind
'n Wierook na die see toe waai,
En aan die dam, waaroor die voëls
So vrolik in die nessies swaai;
En aan die seekoegate, waar
Die kafferskuil en ruigte groei--
'n Donker groen die water oor,
'n Tuin, wat nooit nie word gesnoei;
En aan die koppies, waar die son
Ons Afrikaanse klippe soen.
En aan ons ou Karoo, so mooi
In al sy geil Oktober-groen!
En hier--hier waai die wind, en raas
Die strate om my; karre dreun;
Die trein daarbuite fluit en rook:
Dis orals galm, en gons, en steun!
Dis alles oud, so aaklig oud,
Die wye wêreld om my heen!
Aghonderd jare praat met my--
En tog--ek gril en voel alleen!
Ons kom van hier; ons wieg was hier,
Of verder, in die suiderland--
Hier, waar die Watergeuse was,
Hier, waar die strate is half strand.
Ou Amsterdam, ou Amsterdam,
Met al jou pronk, met al jou prag,
Met al jou smeerge strate ook,
Jy het nog oor my siel gesag!
Ek voel, as ek hier moedersiel
Alleen so by die vuurherd sit,
Wat jy nog vir ons nasie is--
En kyk, my hart kom weer in lid!
Ons nasie? ag, die mense praat:
Daar lê iets groots in woorde! Wat
Gee ons die reg om groot te wees,
Om saam te loop op so 'n pad?
Vir tagtig jare het hul hier
Gestruikel in die duister rond,
Die dyke oopgebreek, die see
Gemaak tot bobaas van die grond,
Die land gedoop met vuur en bloed,
Die klei vir elke huis deurwerk
Met trane: so 'n stad sal staan
Vir ewig--want die klei is sterk.
En elke duim van hierdie land
Is duur gekoop met suur en smart;
En elke morge is betaal
Met stukkies van 'n mensehart:
Dit gee hul reg om trots te wees,
Dit gee hul reg om nou te pronk,
Al is dit lank gelede al,
Al is die see weer in sy tronk.
En ons? ons wil 'n nasie wees!
Ook agter ons lê vuur en bloed;
Ook ons het vir ons land gestort
'n See van trane: ja, dis goed!
Maar verder--wat? 'n Nasie word
Nie somaar as die koring groot:
Dit moet deur werk, deur vlyt, deur smart,
Deur lewe ook word voortgestoot.
En as ek by die vuurherd sit
En in die vlamme kyk, dan voel
Ek in my siel, daar skort nog iets--
Nog iets? nog iets?--'n hele boel!
Daarbuite spook die wind weer hard;
Die vensters skudde: wat 'n nag!
Ou Amsterdam, ou Amsterdam,
Jy het nog oor my siel gesag!
In die Boesmanland.
Vaal rotse rondom, met vaal sand en klei,
En boesmangras en varings, geel en groen--
Wat 'n mooi wêreld hierdie! mooi geboen
Deur die Natuur, en mooi ook deurgebrei
Met bossies en met blomme! Dis vir my,
Asof die son die wêreld self wil soen,
En ook die sterre daaraan mee wil doen
By nagtyd, as die veld sy sluier kry:
Hier was my tuiste in my woeste jaar,
Toe ek nog kind was, sonder pyn of vrees,
Want ou Paaiboelie self was toe te klein!
Al die rooi klippies het ek ingegaar,
En al die varings was vir my gewees
Maters, wat elke somer het verdwyn.
Op die Kerkhof.
Eergister het ek na die plek gegaan,
Daar waar die aalwyn en die varkblom bloei,
Daar waar die doringboom nooit word gesnoei;
Waar elke leiklip as 'n grafsteen staan.
Dit was al laat, en om my het die maan
'n Silwerlig versprei, soos, as jy roei,
Die lang, blink sterre in die water groei.
Die kerkklok het strak agter my geslaan,
Ses, sewe, ag en neënuur, en nou
Was alles weer heel stil. Ek dag, ek hoor
Die aandgebed van elke mug en mot,
Wat in die maanlig kom vergaadring hou:
Hul sing en maak gegons, net soos 'n koor,
As lofsang aan 'n onbekende God.
As ek nou eenmaal sterwe, as ek is
'n Lyk, waarin geen asem en geen krag,
Met hande sonder voelte, sonder mag,
En met 'n oog, wat al sy glinstring mis--
As ek so lê, en self niks kan beslis,
Moet julle my nie uit die helder dag
Wegslinger in 'n eindelose nag,
Wat niks as my verwording vergewis;
Want ek wil nie tot duister kerkers keer,
Die noue graf vir ewig om my voel!
Verbrand my liewers, dat ek boontoe rys,
In vuur en vlam kan opklim tot die Heer,
Deur al die wêreld se rumoer en woel,
Tot oor die drimpel van die Paradys.
In ou Booi se Pondok.
Outa Booi, die wind speel dapper,
en dis bitter, bitter koud;
Kyk, daarbuite spoel die bliksem
al die wolke geel met goud;
En jy bibber in jou bene,
want jy is al baie oud.
Is daar plek, hier by jou vuurherd,
waar 'n Kristenmens kan sit?
Gooi nog hout daar op die kole,
want jou as is amper wit:
En die kou die gee jou sinkings,
en dit trek jou been uit lid.
So! nou is ons lekker warm hier,
Gee 'n kommetjie vir my
Vol met koffie uit die kan daar,
outa, aan jou regtersy:
Ek hou baie van goei koffie--
as ek dit maar nog kan kry.
Kom, vertel my uit die verte,
toe jy nog 'n slafie was,
Toe die oubaas jou verkoop het
vir twee perde en 'n kas--
Net soos jy nou self aan oubaas,
vir sy looi, jou sakkie bas.
Was die mense toe so vroom al,
as die mense is vandag?
Het die boere toe die swartvolk,
soos 'n boerplaas maar verpag?
Het ons toe, soos nou, oor alles,
wat belangryk is, gelag?
Was dit lekker in die dae?
Was dit beter in die tyd?
Was die ounooi regtig ounooi
vir haar jong en vir haar meid?
En die oubaas regtig oubaas?
Was die wêreld al so wyd?
In die Kaap, daar lê 'n ketting--
ja, dis oud, maar dis nog heel--
In 'n kamer, swart en donker,
van die aaklig ou Kasteel,
Met 'n ring, wat vasgemaak was
eertyds om 'n slaaf se keel.
Daar's 'n kats daar, en die plek nog,
waar die galg gestaan het: ja,
Onse ouers het geweet, hoe
om te martel en te pla,
Maar miskien ook baie beter,
hoe om pyn en smart te dra.
Daar was reuse in die dae--
ook al was die wêreld vaal,
En al het ook daar die duiwel
in die donker rondgedwaal,
En so baie van die harte
met sy nukkies opgesaal.
Daar was liefde toe, kennis--
skoon ons nou daarmee so spot--
Elke man was groot genoeg toe
vir sy eie siel en lot,
En ek glo nie, as 'n nasie
was ons mense toe so vrot!
Ja, ek weet ons het gely toe--
daar is altyd rou en pyn!
Laat jou grootste vat maar ope,
met jou beste, soetste wyn:
Proe dit oor 'n maand, en waarlik,
dit is amper nes asyn!
Kom daar ooit 'n kind ter wêreld,
groei hy op en word hy droog,
Sonder dat hy ooit sy trane
het moet wegveeg uit sy oog?
Ja, jy maak ook nie rosyntjies,
wat sal goed bly sonder loog.
As 'n mens met vuur en vlamme
tot sy gorrel volgeprop,
Met 'n hoop op seker uitkoms,
waar sy hart van helder klop,
By die vuurherd sit te luister,
op wat omgaan in sy kop,
Sonder bang te worde, sonder
op sy hoop te struikel--staan
Penorent, kordaat en wakker,
as die wêreld ook vergaan,
En die son word donker, duister,
en nog donkerder die maan--
As 'n mens met ideale
elke keer sy ideaal
Sien verbygaan voor sy oë,
nes 'n ster, wat skiet en straal
Vir 'n oomblik in die hemel
en dan in die see verdwaal,
Sonder vrees, vir wat sal worde,
as die nag nog langer duur,
As die wind nog kouer warrel,
en die naglug trek so guur,
As die lewe skyn so bitter,
en die toekoms lyk so suur,
Sien hy nooit nie in die vuurherd,
wat is groot en wat is klein--
Nooit tevrede met die toekoms,
nooit versadig met die wyn,
Want die suiker is te suinig,
en die drank smaak soos asyn.
Tog--daar is 'n toekoms altyd:
waar vandag is opgeslaan,
Daar op Golgotha, die kruise,
sal die mense môre staan
Rond die heiligdom van helde,
wat alléén is voorgegaan.
Waar ons nou net bitter trane,
klagte, sugte, smart gewaar--
Waar die koringvelde kaal staan,
en die droogte druk so swaar,
Wys die toekoms diamante
en die koring in die aar.
Jy was ketter nog eergister,
en vanmôre is jy vroom!--
Laat vanaand se melk maar stil staan,
môre kry jy tog die room!
Slaap gerus maar, slaap gerus maar,
ja, hoe swaar ook is jou droom!
Jy was sondaar in jou sede--
elke woord het jou gekwets:
Vir die een was jy te nuut al,
vir die ander ouderwets!
Op jou siel is al jou smarte
met jou lewenssuur geëts.
Jy was vyand vir jou vrinde:
elke kêrel op die straat
Het 'n broederlik berisping
op jou wandel afgepraat.
En die aakligste van almal,
en die kwaaiste was--jou maat!
Ja, jou vader was 'n Boesman:
en die volkies is nie mooi,
Met 'n agterste, wat uitloop
as 'n afgesakte kooi;
En jyself is nie te ekstra
as 'n spoghings, outa Booi!
Het hy ook 'n hart besit toe
soos 'n witmens, en 'n stem?
Was dit koddig, as hy sanik
soos 'n strandmol in die klem,
Of 'n wawiel op die hoogte,
wat geskraap word deur die rem?
Hy was mens--miskien 'n reus ook,
want 'n siel is nie so klein
As 'n vlees-en-bene liggaam,
ook al is dit nog so fyn:
Ag, 'n liggaam dra maar laste,
en 'n siel die dra mos pyn!
Wat is van jou pa geworde?
As hy reus was, is hy nog;
As hy dwergie was--soos ons nou--
ja, dan was hy maar 'n bog.
Hy was Boesman, skelm en deugniet--
ja, maar mens dit was hy tog!
Maar wat lol ons met die Boesmans,
wat tog almal heidens was?
Hulle moet vir hulle toekoms
selwers maar het opgepas.
Is dit onse skuld, die volkies
is vergaan soos droë gras?
Vra jouselwe, as jy moeg word,
en die wêreld is so stil,
Wat jou lot is, wat jou toekoms:
is dit God die Heer se wil,
Dat 'n nasie uit sal sterwe,
of maar die Natuur se gril?
Weet jy seker, wat beslis is?
of daar ooit beslissing is?
Wie vertel jou, as jy raak skiet?
Wie vermaan jou, as jy mis?
Sal jy alles weet, of niks nie,
as jy lyk is in 'n kis?
Arrie, outa, dit word koud hier,
en jou stories maak my vaak.
Jou goei koffie is verbrand, glo,
want dit het 'n bitter smaak.
Dit word tyd dat ons goeien-nag sê,
eer jy van jou draad afraak.
Kleiner, kleiner, en nog kleiner--
dis verdrietig, maar dis waar--
Word ons as die jare omgaan;
en ons het maar nog een snaar,
Om ons deuntjie op te speel, en
ag, die een is amper klaar!
Maak die deur maar toe, en sê maar,
soos ek sê vir jou, goeien-nag!
Gaan maar slaap nou, net soos ek ook,
outa! Slaap, en droom, en wag
Tot die skemer in die ooste
sê, dis weer 'n nuwe dag.
Die Verkleurmannetjie.
Daar op die vyboom sit die vabond,
So sedig as 'n predikant;
Maar glo tog nie, dat hy so vroom is:
Nee, regtig nie, hy is astrant!
As jy hom aanraak, dan verkleur hy,
Geel, rooi, grys, bruin, en blou en groen;
En al sy vel blink soos die skulpies
Se binnekant met perlemoen.
So teemrig sit hy op sy takkie
Die muggies met sy tong te vang.
En met sy ronde oë maak hy
Die spinnekoppe algar bang.
Hy draai sy nek soos 'n toktokkie,
Of soos 'n papie uit die klei,
En kyk so sedig na die vliegies,
As hy die goed nie beet kan kry.
Arrie, ek hou van jou, kleurklasie!
Jy gaan jou lewe deur so mooi;
jy steur jou nie, aan wat die mense
So praat of skinder en flikflooi.
Jy steun op niemand nie, kleurklasie,
Net op jou takkie en jou tong:
Verkleur maar môre net soos gister;
En as jy oud word, bly nog jong!
'n Nuwe Liedjie op 'n ou Deuntjie.
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou jou handjies same
En sê ame,
Mame se kindjie, Siembamba!
_Lokasieliedjie_.
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou maar jou handjies saam, my kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil,
Net maar die wind waai, soos hy wil;
Net maar jyself kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand, seun!
Almal is besig! Oor die land.
Drywe 'n wolk van die noordekant--
Swart as die rook uit die skoorsteen puil,
Swart as die nag, en as roet so vuil:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies en sê ame!
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot 'n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy, wat moet sing uit pure pret--
Jy moet verkwyn in 'n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies en sê ame!
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar--
Twee in een kissie, 'n bruilofspaar!
Alles vir ons, wat die oorlog hou,
Alles vir ons, en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe--
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al, wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en sê--ame!
Die Sterretjie.
Fonkel, sterretjie, fonkel,
Hoog in die lug so blou!
Kort is die dag, en lang is die nag;
Dood is jou skyn, eer die son jou verwag:
Snel sal jou glans in die môre verflou:
Fonkel, sterretjie, fonkel!
Fonkel, sterretjie, fonkel,
Hoog in die lug so hoog!
Engele daar kan jy byna gewaar,
Onder die wolke die hemelse skaar,
Elk met jou silwerwit skit'rende oog:
Fonkel, sterretjie, fonkel!
Fonkel, sterretjie, fonkel!
Lag in die lug daar bo!
Hier is dit sleg, want die dag is mos weg,
Oor al die veld het die nag hom geheg,
Tot as jy skyn--ja, dan kan 'n mens glo:
Fonkel, sterretjie, fonkel!
Fonkel, sterretjie, fonkel,
Bo in die lug so blou!
Kort is die nag, en lang is die dag,
Hier, waar ons lewe en pligte verwag,
Lig van die son, maar tog swart van die rou:
Fonkel, sterretjie, fonkel!
Aan my ou Vrind.
Jy is al tagtig, en jou kop is wit--
Wit soos die sneeu, en witter as 'n wolk
Daar bo ons in die bloute van die lug.
Jy is al tagtig, styf in elke lid--
Maar nog vir my, en altyd vir ons volk,
Van wat voorheen was, wat sal kom, 'n tolk,
Wat goed sy taal verstaan en praat kan sonder sug.
Jou oog is flink nog, en jou hand is vas:
Jy kan 'n jongmens nog as leier dien
Oor al die paaie, wat jy het deurkruis;
Jy kan nog help met elke sware las--
Jy, wat so veel gehoor het en gesien
Van agtien-dertig tot aan neëntien-tien,
So lang geswerwe het--so na nou aan jou huis!
Nooit is jou hande swak vir goeie werk,
Nooit dof jou oog--al dink jy aan die tyd,
Die tagtig jare van jou lewensbaan.
Soms was jy swak miskien; soms was jy sterk;
Soms was jou hart gekwel deur haat en nyd;
Soms het jy pyn gehad, miskien ook spyt,
En soms as lewensprys jou fooi betaal--'n traan.
Die tagtig jare was nie almal goud,
Selfs silwer nie! Die weer was somtyds swaar;
Met wolke swart, met blits die hemel ryk;
Na elke somer kom die winter koud!
Nie altyd nie het jy die son gewaar,
Die goud sien blink as vonke in 'n aar;
Nie altyd het jou pad die vlakte deurgestryk.
Vir tagtig jare het jy volgehou,
En hou nog vol--al bewe ook jou hande,
Al moet jy om te lees jou bril gebruik.
Nog is jou stem nie afgedaan en flou,
Nog is jou gees nie ingeklem in bande:
jou tagtig jare is nog nie 'n skande,
Waarvoor jou grys ou kop in rou hoef weg te duik.
Jy kyk getroos jou tagtig jare trug,
Op al jou lang, lang lewe op land en see--
Jou loopbaan so met ondervinding ryk--
En praat daaroor nog sonder traan of sug:
Die hele reis daar het jy vrede mee.
Ekself sou baie graag my beste gee,
As ek eenmaal soos jy getroos terug kan kyk!
In die Konsentrasiekamp.
(ALIWAL NOORD, 1901)
O, pazienza, pazienza che tanto sostieni!
_Dante_.
Jou oë is nat met die trane van gister;
Jou siel is gemartel, deur smarte gepla;
Van vrede en pret was jy vroeër 'n verkwister;
En nou, wat bly oor van jou rykdomme? Ja,
'n Spreekwoord tot steun--daar's geen trooswoord beslister:
"Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!
Hier sit jy te koes teen die wind, wat daar suie
Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael--
Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
Die Junielug stort oor die stroom van die Vaal--
Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
Gedrup van die reendruppeltjies oor die paal.
'n Kers, nog maar anderhalf duim, voor hy sterwe,
Brand dof in 'n bottel hier vlak naas jou bed.
('n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
Daar lê 'n mens sag, en sy slaap is gered!)
En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
'n Aaklige rondte met trane besmet.
Hier struikel die kind, wat te vroeg was gebore;
Hier sterwe die oumens, te swak vir die stryd;
Hier kom 'n gekerm en gekreun in jou ore;
Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
Want elke sekond van die smart laat sy spore
Gedruk op jou hart, deur 'n offer gewyd.
En deur elke skeur in die seil kan jy duister
Die wolke bespeur oor die hemel verbrei;
Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister--
(Eentonig die hoes van jou kind aan jou sy!)
Wat sag deur die wind in jou ore kom fluister:
"Geduld, o geduld, wat so baie kan ly!
Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs, het so baie gepla!
Die yster het gloeiend 'n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk, en die wond is te na,
Te na aan ons hart en te diep in ons lewe--
"Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!"
Die ou Meul.
Rol, rol, ou wiel, en spat die skuim
Rond om die eende in die sluis!
Die water kom van bo die berg
Om in die meulstroom hier te bruis.
Twee groot pop'liere skadu jou,
Ou wiel; en as die winter kom,
Dan val die blare om jou as
En bewe, as jou speke brom.
Want nimmer het jy lang tyd rus:
Jy werk aldag en maak geraas.
Dof in my ore klink jou stem:
Ek hoor, hoe jy die water blaas.
Dis al 'n jaar of dertig so--
Toe het ek eers jou stem gehoor--
'n Donker Meidag met 'n lug
Half toe, met wolke hoog daaroor;
Die ou pop'liere was nog kaal;
Die winter, ag, was lankal daar,
En op die berge was kapok:
Ja, dit was bitter koud en naar!
Ek het gekoes, verkluim van kou,
Maar jy het altyddeur gesing,
En al die ys daar in die sluis
Het jou nie van jou stuk gebring,
Kleingelowige.
"Nee, regtig, oubaas speel met ons die gek!
'n Ding, wat sonder voete loop op spore,
Met vuur en vlam en vonke in sy bek?
Nog nooit het ek daarvan gehoor tevore!
"'n Ding, wat vol met water word gestop,
Wat mense dra, en perde ook en skape?
Baas het ons swartvolk baiemaal gefop--
Vertel nou maar die storie aan die ape!
"Hoe kom die ding so sonder trekgoed deur,
En sonder leier? Arrie, baas, ek wil nou
Die storie goed uitpluis, want vir ouseur
Is so 'n Bolands grappie maar 'n gril nou!
"Ek glo daar net niks van nie: ja, al sweer
Baas op sy dawie, dis die egte waarheid.
Ons swartgoed word gefop een, twee, drie keer--
Maar nooit nie weer! Ag, oubaas, dis 'n naarheid
"Om sulke dinge vir ou Klaas te sê:
Ek weet mos goed, daar is mos niks van waar nie!
Waar het die ding voorheen so lank gelê?
Of was dit in die outyd nog nie klaar nie?
"'n Ysterperd, vervlaks, sê seur, wat spuit,
En vuur blaas uit sy neus en uit sy ore;
'n Perd, wat harder as 'n snip kan fluit,
En nooit nie flou of steeks is op sy spore;
"Wat agter hom 'n tien stuks karre trek--
Arrie, die perd is bobaas van die pêr'e!
Maar seur, ons swartvolk is nie almal gek,
En baas is neus verby met baas se têre.
"Dis koddig in die Boland--ja, dis waar,
En dit wil ek ook glad nie nou bestry nie:
Die swartgoed self dra onderbroeke daar,
En spog daarmee: arrie, jy wil nie bly nie!
"En my oorlede vader het gesê--
Hy was nog slaaf en hy het nooit gelieg nie--
'n Bolands baas het in 'n bal gelê
Te kyk, of hy nie daarin rond kon vlieg nie:
"Nou ja, ek sien nie in, hoedat 'n bal
Met man en muis so in die lug kan swewe--
Wie dit probeer, is seker gek, en val;
Miskien verloor hy daarby nog sy lewe.
"Maar nooit het ek gehoor van so 'n perd,
Wat rondgalop of draf op ysterspore--
'n Dier, wat nie eers maanhaar het of stert,
En net 'n skoorsteen vir sy mond en ore!
"Foei, oubaas, foei! Baas skeer met ons die gek:
Maar ons word nooit van sulke grappies grys nie!
'n Ysterperd met vonke in sy bek--
Nee, dit maak oubaas nooit vir outa wys nie!"
* * *
"Maar hoor, eerwaarde, het ek goed begryp?
Ekskuus, maar ek kan byna dit nie glo nie:
So iets steek mos 'n mens nie in sy pyp
Om uit te rook--ek kom dit nie te bo nie!
"Eerwaarde sê, U het dit self gehoor?
Nou goed! Maar dit is koddig, dat die mense
My nooit daarvan vertel het, of daaroor
Gepraat het, en eerwaarde weet, my wense
"Is altyd nuus te weet; maar ek moet sê,
Eerwaarde se geskiednis neem my asem
Glad weg! 'n Skuit, waarin 'n dorp kan lê,
En wat gedrywe word deur wind en wasem;
"'n Ysterskuit, wat honderd treë lank
En dertig treë breed is--dis 'n wonder!
En as ek hier so stil sit op die bank,
Eerwaarde, kan ek dit nie glo nie sonder
"'n Sterk bewys. Ek sê nie, dat U jok--
Nee, waarlik nie!--maar U het misgereken:
'n Mens spring somtyds rond net soos 'n bok,
En weet nie, wat sy woorde reg beteken.
"Hoe kan die skuit so oor die see gaan seil?
Waar sou dit heen, eerwaarde, as daar storm is?
So somaar weg te vlie, net soos 'n pyl,
Dit kan hy tog nie, as hy so enorm is!
"Ek weet, die ark van Noag was al swaar,
En volgelaai met leeus en olifante--
Dit staat so in die Bybel en is waar--
Miskien met meubels ook soos ledikante?
"Maar nie in Eksodus of Genesis,
Eerwaarde, kan ek van 'n stoomskuit lees nie;
Neem my nie kwalik, maar U het dit mis:
So iets, eerwaarde, is daar nooit gewees nie!"
* * *
"Aan spoke? Kêrel is jy mal? Jy weet,
Daar is geen spoke nie: dis 'n versinsel.
Jy het nie daar die regte waarheid beet;
Dit stryk nie met 'n Kristen se beginsel.
"Dié stories is maar laf! Ja, glo dit wel,
Hiernamaals gaan ons almal na die hemel
As salige, of sondaars na die hel:
Hoe kan die lug dan so met spoke wemel?
"En het jy van jou lewe ooit gewaar
'n Spook? Nee, kêrel, en geen mens op aarde!
Die leuens sit so goed nie inmekaar,
En het vir my ook nie die minste waarde."
* * *
Nou ja, oom, outa, neef, ek skeer die gek:
Dis amper tyd, dat ek daarmee al klaar is!
Die dinge is mos bo ons vuurmaakplek--
Maar wie kan sê, dat hulle nog nie waar is?
Die ysterperd hol deur die land met stoom;
Die kakies het gekom in ysterskuite;
Die spoke--nou, miskien het ek gedroom,
En huil en brul jou hond vir niks daarbuite!
Mordegai.
Ag, smous, waar gaan jy heen? Waar loop jy, smous?
Waarom so haastig, smousie? Sê vir my!
Jy het nog werk te doen? Ag nee, jy flous;
Jou werk is afgedaan: jy is mos vry.
Die hele dag het jy ons volk besteel;
Op alles tien persent of meer gewin!
Ja, krap jou kop, die waarheid jeuk mos veel,
En is nie altyd na 'n mens se sin.
Wat maak jy, smous? Jy is mos Jood: nou kom,
Jy het jou wet--ek ken nog wat daarvan--
En tog, jy draai Levitikus maar krom,
En Deutronomie pas nie vir jou, man.
Het jy nie gisteraand by ons geëet?
En ons het varkvleeswors gebraai gekou;
En niemand van ons nasie is--jy weet!
Is dit geselskap vir 'n Jood, vir jou?
Leer nie jou wet, jy mag nie woeker nie?
En jy vra tien persent, vir wat jy leen!
'n Skande, smous! Glo jy, dat Moses dié
Verekskuseer? Dié man het jou laat steen!
En sê die wet nie, dat jou klere ook
Van een stoffasie en een kleur moet wees?
En kyk, jou broek en onderbaadjie spook
Nog bonter as 'n mal ou Maketees!
En tog, ou smous, al heet jy Mordegai;
Al eet jy soms, so per abuis, ook sult;
Al is jy ook 'n vent, wat altyd draai,
Wat doodgesteen moet worde op 'n bult,
Waar al die mense jou kan sien, as jy
So rond moet spartel, as die klippe kom--
So sê jou wet, en dis genoeg vir my:
Dis joue, hoor, soveel jy daaroor brom!
Tog hou ek van jou, byna as 'n vrind--
'n Maat miskien, as dit nie sonde is!
Jy het my lekkergoed gegee as kind,
En niks daarvoor gevra--of het ek mis?
Miskien wou jy ook daarmee woeker, hoor!
'n Kind se liefde 's meer as tien persent,
en klontjies goedkoop: waarom dan versmoor
So in 'n sweetdoek jy jou een talent?
Aan 'n Seepkissie.
Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
Om hier in ons land as 'n doodkis te dien;
Hulle het op jou letters geverwe, seepkissie,
En ek het jouselwe as doodkis gesien.
Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
Het hier in die kamp met sy sussie gekom--
En jy was bestem, soos jy weet, seepkissie,
Daar oorkant in England, as doodkis vir hom!
Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
Was fluks en gesond, vir sy jare nog groot;
Maar hier in die kamp, soos jy weet, seepkissie,
Was hy maar drie weke, en toe--was hy dood!
Onthou jy vir Jannie? Jy weet, seepkissie,
Hy het in sy speletjies met jou gespeel;
Die son het sy krulkop geskilder, seepkissie,
So blink as sy strale, as goud so geel.
Op die Vrydagmôre, onthou jy, kissie?
Het Tannie gesê: "Ag, klein Jannie die hoes!"
En die Vrydagaand, soos jy weet, seepkissie,
Was Jannie se lewe al half verwoes.
Hulle het jou op Saterdagmiddag, seepkissie,
Gedra na sy tent as 'n doodkis daar!
Die wit gesiggie--jy weet, seepkissie,
Die handjies gevou en gekruis oormekaar.
Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
Om hier vir ons kinders as doodkis te dien:
Hulle het vir jou lykies gevinde, seepkissie,
En ek het jouselwe as doodkis gesien.
Die Doringboom.
Kyk, hier is 'n ou kameeldoring, amper kaal;
Sy blaartjies vuil en donkerbruin verbrand;
Sy stam gestrooi met geelgrys stof en sand;
Sy dorings wit as silwer, skerp as staal.
Hier staan hy nog, hoe dor die veld en skraal;
Hou stewig nog teen wind en storm sy stand--
Die oudste doringboom in ons doringboomland,
Wat reeds sy bloeityd tel vir honderdmaal.
Vir jare het hy hier sy goud gestrooi,
Die hele wêreld oor sy geur versprei,
Voor nog 'n witmens hier was of 'n pad;
Vir jare was hy bobaas hier, en mooi
Vol groen en goud: maar nou 's sy tyd verby--
'n Afgeleefde doringboom, droog en glad!
Die Soutpan.
Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal
Die see daarbuite, waar die branders breek:
'n Strand vol klippies en 'n poltjie kweek
Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal.
Hier praat die veld 'n onverstaanbre taal;
Hier maak die son die blou soutwater bleek,
Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek
Agter die duine, waar sy glans verdwaal.
Hier staan die soutkors sonder vou of plooi,
Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys
Van modder en klei--hier dun en daar nog dig.
So arm die wêreld hier, en tog so mooi:
Stil, as 'n oumens amper oor sy reis
En met die Dood se skadu op sy gesig.
Japie.
Vanmôre was Japie nog hier:
Vanaand is hy dood!
Met 'n lag om sy mond het hy bruilof gevier
Met 'n klein brokkie Engelse lood.
Vanmôre was Japie by my:
Vanaand is hy--waar?
As 'n mens maar kan weet, waar hy eindlik sal bly,
Wie het dan vir die toekoms gevaar?
Vanmôre was Japie my maat:
Vanaand is hy--wat?
Sal hy nog met my lag, sal hy nog met my praat,
Of my hand in die syne weer vat?
Vanmôre was Japie 'n kind:
Vanaand 's hy volleerd!
Ons het baie gestry om dié waarheid, ou vrind:
Weet jy nou, wie van ons had verkeerd?
Vanmôre was Japie--nee God!
Hy is nog vir my!
Want die dood kan nie skei nie, al is dit ons lot
Om alleen op die wêreld te bly.
Op 'n Leiklip.
Hier onder die leiklip, daar rus (as hy rus:
Want wie weet, of waarlik die dood ons kan sus?)
My arme ou Vonk--en tog, arm is hy nie:
Hy het, wat hy wil: wie dit teenspreek, die lie.
Vir my was hy meer as 'n halfduisend pond,
As kind of as kneg--ja, al was hy 'n hond:
Ek het mos geen kneg nie, en ook nie 'n kind,
En Vonk was vir jare my beste ou vrind.
Hy het altyd gehelp, hy was altyd ook klaar,
Vir die grootste plesier, in die naarste gevaar.
Oordag het hy met my die veld rondgeloop,
En miskien nog 'n hasie geja op die koop.
In die aand het hy stil by die vuurherd gelê,
En ek het hom my hope en wense gesê:
Ons het same gepraat--ja, tot laat in die nag,
Tot die môrester daar was en amper die dag.
Was dit goed vir ou Vonk, dan verlaat hy sy plek
En kom staan by my stoel om my hande te lek:
Daarby het hy altyd gemeen: "Ek verstaan,
Baas, al wat jy sê, en ek laat dit begaan."
Hier onder die leiklip, daar slaap (as hy slaap:
Is die dood maar 'n droom, wat 'n dier op kan raap?)
My liewe ou Vonk--want ek het hom nog lief!
My hart het hy gou weggesteel, as 'n dief;
Maar hy het my syne gegee--en ek vra,
Of 'n mens, soos die dier, so 'n ruil het gewa!
Ons harte is vol van gemors en verdriet,
En as steun in die lewe is hul maar 'n riet;
Maar die hart van ou Vonk was die hart van 'n kind--
En jy het hom vir my gegee, my ou vrind!
Ons het same die wêreld, hoe groot dit ook is,
Deurkruis; ons het same geniet en gemis;
En jy was vir my meer as kind of as kneg.
En nou is die wêreld weer leeg, wat jy 's weg--
Ek weet nie waarheen nie! Miskien is dit waar:
Soos rook in die lug gaan 'n mens uitmekaar,
En nog baie gouer 'n hond na die dood.
Jy het my die hand gegee, jy met jou poot;
Jy het my gesoen; ons het same gepraat:
En ek glo aan jou spook, Vonk, my liewe ou maat!
Hier onder die leiklip lê jy in jou graf:
Dis al, wat ek weet--want ons gissing is kaf.
Jy 's dood: dit staan vas, want ekself het jou hier
Begrawe, en sonder gebed, want 'n dier
Het tog nie 'n siel nie--so sê outa Kees:
Hy weet, want hy het mos diaken gewees,
En op eie houtjie die bidstond gelei
Daar bo in die sendingkerk. Ja, maar vir my,
(Al is dit nou sonde, waarvoor ek moet vrees!)
Het jy baie meer van 'n siel as ou Kees;
Jou oë was altyd so diep as die lug,
So hel as die hemel, so sag as 'n sug:
En agter die oë, daar lê tog verstand;
En agter verstand staan 'n siel by die hand--
'n Siel, wat nie somaar in niks nie verdwyn,
Of somaarso stiltjies in wolke verkwyn.
Jy 's dood--wat ons dood noem, wie weet wat dit is?
'n Slaap of 'n droom? Ag, 'n mens kan maar gis:
En dit is die moeite nie werd nie, want jy
Is altyd, ja altyd, my ou maat vir my.
Op my ou Karoo.
Hier wil ek rus, op ons vaal Karoo,
Hier, waar die veld 'n leegte is,
Hier, by die slang en die akeldis,
Hier, met die hemel blou daarbo.
Grawe hier, boetie, 'n graf vir my:
Hier is ek tuis, my land is hier;
Hier, waar die korhaan bruilof vier--
Hier wil ek lê in ons grougeel klei.
Stel nie 'n klip of 'n kruis daarbo,
Skrywe geen teks, wat 'n mens kan lees;
Sê net: "Hy slaap, waar hy wou wees--
Hier in die skoot van ons vaal Karoo.
"Rond oor die wêreld het hy gereis:
Nêrens was uitkoms vir sy hart;
Orals was donker, die wolke swart,
Orals die wêreld vaal en grys.
Nou lê hy diep hier in die sand;
Nou slaap hy vas, want hy rus in sy graf:
Was hy 'n sondaar, dan is sy straf
Lank afgewerk in 'n vreemde land.
"Praat van hom nie as 'n skuldenaar nie:
Hy het betaal tot die laaste toe;
Hy het gely--ja ons weet nie hoe!
Broer van almal, en maat van--wie?"
Dit is jou rede oor my lyk,
Dit jou gedagte, as jy daar staan--
Daar by my graf, waar die volle maan
Deur God se vensters na onder kyk.
Laat vir my slaap, boetie! ek het vaak:
Dof is my oë, my siel is moeg;
Gaan jy maar voort met jou land te ploeg,
Tot ook jou siel in die duister raak.
Laat my alleen op die toekoms wag,
Hier in my graf op ons vaal Karoo.
Dek my met veldbossies, boetie! So,
Nou sal ek rus tot die laaste dag.
My nuwe Vaderland.
Ek het so lief ons blougroen see,
Ons witgeskulpte strand:
Was ek geen Blikoor nie, dan was
Die see my vaderland.
My tuiste-veld is baie mooi,
In winter baie groen:
Ja, goudgeel blink die doringboom daar,
As son en wind hom soen.
My eie veld is baie nat
(Vervloek die tyd!) met bloed--
Daar sing vandag die mense nog
Van _Volk_ en _Heldemoed_!
Die see is baie, baie mooi,
Die see is blou en groen:
Daar 's niks so mooi die wêreld deur,
As son en wind hom soen.
Die see is vol met trane, vol,
Tot in sy hart, met bloed--
En tog sing nie die skulpe daar
Van _Volk_ en _Heldemoed_!
Ek is 'n Blikoor, want my wieg
Het op die veld gestaan;
Maar as ek na die branders kyk,
Loop oor my wang 'n traan.
My land is nie meer myne nie;
My volk is doodgestry;
My moed is nie meer heldemoed--
O God, vergewe my!
Ek wil nie, dat ek sterwe sal,
Geen pyn meer voel of leed;
'k Wil see toe, waar die koel wind waai;
Die veldson brand so heet.
Ek wil nie meer die mense eer,
Wat slegter is as vee--
Nie meer die volksgeskiednis lees
Met al sy leuens mee.
Ek wil vergeet en uithou: ja,
Ek kan nog jare ly,
Solank die branders tot my sing,
Die skulpe praat met my.
So lewe ek my lewe deur,
Neem, wat die lewe gee:
My volk sal nou die visse wees,
My vaderland die see.
Vrede-aand.
Dis vrede, man; die oorlog is verby!
Hoor jy die mense skreeu die strate vol?
Sien jy, die hele wêreld is op hol?
Kom, hier 's 'n bottel soetwyn; laat ons drink!
Ons het ons nasie in die see gesink;
Ons het geen land meer nie: dis klaar met Kees!
Dis vrede nou: kom skreeu--of is jy hees
Van lag? Nou, lag maar, want die storie 's uit:
Ons nasie 's weg, ons kan daarnaar maar fluit!
Drink, drink jou glas! Die son skyn deur die wyn:
Is dit te soet, of smaak dit soos asyn?
Nou ja, dan kom hier by die venster staan
En skou met my al die gedoente aan.
Daar waai die vlag, daar word hoerê geskree:
Die aandeelmark rys weer, en ons daarmee!
Wat is ons land teenoor die aandeelmark?
Wat 'n kanarievoël teenoor 'n vark?
'n Lelieblom teenoor 'n stronk tabak?
Ons nasie, wat so wild was, is nou mak
En kan getrein word soos 'n jong bobjaan,
Wat, as hy steeks is, jy weer goed kan slaan.
Hoerê! hoerê! Skreeu saam met my:
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Dis vrede, man; die oorlog is verby!
Hoor jy daaragter, hoe die mense huil?
Hoor jy 'n sug, 'n klag?--Dis maar 'n uil:
Die voëls is orals rond, selfs in die stad,
En orals skreeu hul, orals om ons pad:
Hul weet, ons was ook uile! Ons hou saam
'n Bondskongres hier, net soos dit betaam;
Passeer mooi resolusies; maak geraas,
En groot lawaai; en trek dan soos 'n haas,
Wat bang is vir die roer, weer in die hol,
En sit daar van die bewerasie vol!
Nou is die storie uit: die leë glas
Staan droog, wat vroeër so vol met water was;
Die put, wat eenmaal water het gegee,
Is vol met trane, souter as die see--
So brak as ooit 'n pan in die woestyn,
Waarop die son al dae helder skyn--
En bitter net soos gal, want in die put
Het al ons volk hul trane afgeskud;
En ons moet daarvan drink, die jare deur,
Al sal die smaak ons hart en siel verskeur.
Nee, boetie, nee, kom skreeu hoerê met my:
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Dis vrede, man; die oorlog is verby!
Sien jy die strate vol? Ek sien 'n ramp,
'n Kerkhof by 'n konsentrasiekamp
Met duisend graffies, elk waarvan bewaar
'n Skat, wat alles was, wat God aan haar
Gegewe het om eenmaal aan ons land,
In tyd van nood, toe te vertrou as pand:
Sy was die sterkste van ons almal, sy
Die met gebed en hoop het meegestry!
Sy het die swaarste deel van onse lot
Gedra, gehelp, getroos, gesteun deur God:
En as jy daaraan dink, dan moet jy glo--
Al twyfel jy--, daar is tog Iemand bo,
Die so 'n vrou tot yster maak en staal,
Met soveel troos haar steun en hoop betaal;
Maar dan weer dink jy aan haar smart en aan
Die graffies, wat daar op die kerkhof staan,
En voel weer twyfel, want 'n mens is swak!
Waarom het Hy die boom gesnoei, die tak
So afgekap tot aan die stam? Waarom
Het Hy haar lot so skeef gemaak en krom?
Nee, boetie, drink met my; skreeu saam met my:
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Hoor jy die mense skreeu hoerê? Ek hoor
'n Dof gekerm en steune in my oor.
Ver oor die vlakte dryf die wolke neer;
Daar slaan die blits, daar dreun die donderweer.
Die hael, elk korrel as 'n kersiepit,
Maak die Karooveld net soos marmer wit,
En dek die kaal graf van ons laaste kind;
En deur die haelbui huil die noordewind.
Hoog was ons hoop, hoe laag ook was ons hart!
Ons land is duur: die prys--verdriet en smart!
En meer as ons, het sy haar deel gegee,
Haar siel ontroof van liefde om daarmee
Ons borg te staan; sy het vir ons gedra
Die skuld van gister en die dag daarna;
Op rots het sy gebou, en nie op sand--
Heldin en vrou! Die beste, wat ons land
Nog voortgebring het! Skreeu hoerê vir haar,
As jy moet skreeu--maar liewers, man, bedaar,
En skink weer met my in 'n glas vol wyn:
Dit sal nie ditmaal suur smaak soos asyn,
Maar heuningsoet, as suiker--en met my
Drink op haar naam: die oorlog is verby!
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Dis vrede, ja! Wat sal ons nou begaan?
Sal ons die vrou daarbinne weer laat staan
Om kos te kook, te braai, te stoof, te smoor?
Nie meer haar steun verlang nie? nie meer hoor
Haar stem, wat in die onweer het geklink?
Sal ons haar siel laat roes? Dié het geblink
Tot aan die kruis-ster, toe die donker nag
Rondom ons was, en niemand van ons dag
Verwag het nie: toe het haar lig gestaan
As lei-ster vir ons, ligter as die maan,
En as 'n son geskyn--toe was dit nood!
Dis vrede, maar dié siel is nog nie dood:
Dit lewe nog om ons te lei, en maak
Die swaar, swaar vrede plig; die harde taak,
Wat voor ons lê, die lewe, wat ons wag,
Ons donker pad, so helder as die dag.
Waak oor die stem; let op die siel; behou
Die beste, wat ons nasie het--die vrou!
Gooi neer die glas; die stukkies skop opsy:
Daaruit sal ons geen ander heildronk drink
As dié aan haar! Maar roep, man, tot dit klink:
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Die ou Blikkie.
Wat is die ding, wat jy daar hou?
Wat droom jy oor 'n blikkie, vrou?
'n Armsalige ou blikkie?
Wat is die ding tog nou vir jou?
"Ek wil hom skoonmaak, dat hy blink
Soos silwer in die sonskyn: dink,
Die armsalige ou blikkie,
Daaruit het Gert en Griet gedrink.
"Ek wil hom met die grond hier vul,
Hier, waar die suring bloei so gul,
Die armsalige ou blikkie:
Miskien kan ek my droefnis kul.
"Ek wil daarin 'n plantjie plant,
Wat groei aan Griet haar graf se kant:
Die armsalige ou blikkie,
Was vasgeklem in Griet haar hand.
"As ek so in die sonskyn sit,
So blou die hemel bo, so wit
Die armsalige ou blikkie,
Dan droom ek weer oor dat en dit:
"Ons konsentrasiekamp is daar;
Die oorlog word ek weer gewaar--
Ag, armsalige ou blikkie,
Waarom het God ons nie gespaar?
"Was Gert en Griet nie heel my hart?
Die plaas is afgebrand en swart--
En jy, armsalige ou blikkie,
Herinner my nog aan my smart.
"Ons kan die plaas weer opbou: ja,
Jan het al geld op leen gevra;
Maar, armsalige ou blikkie,
Kan Gert en Griet my ooit weer pla?
"Daar in die konsentrasiekamp,
Daar in ons aaklig oorlogsdamp,
Ag, armsalige ou blikkie,
Daar is hul lewe uitgestamp!"
Vergeet, wat jy gely het, vrou:
Ons is weer vredevrinde nou!
Die armsalige ou blikkie,
Wat is die ding tog nog vir jou?
"Dit laat my dink aan Gert en Griet:
Al is dit 'n gebroke riet,
Die armsalige ou blikkie
Is anker teen my sielsverdriet.
"Die plantjie, wat hierin sal groei,
Sal elke jaar opnuut weer bloei,
Ag, armsalige ou blikkie,
Al is my trane opgeskroei;
"Want ek het nog 'n traan gespaar,
Nog 'n paar sugte opgegaar,
Om, armsalige ou blikkie,
Jou plantjie veilig te bewaar.
"As ek vanaand my kers uitblaas,
Dan werp die maan 'n silwerwaas
Oor jou, armsalige ou blikkie,
En oor ons afgebrande plaas.
"Ek luister; en dit skyn vir my,
Klein Gert is weer hier aan my sy,
By jou, armsalige ou blikkie,
Om weer 'n slukkie melk te kry;
"En Grietjie staan daar by die deur--
Ja, kyk, haar voorskoot is verskeur!
Ag, armsalige ou blikkie,
Hoe kan ek eensaam wees en treur?
"Die dood het albei weggehaal;
Ons plaas is afgebrand en vaal;
Maar, armsalige ou blikkie,
My hart is nog nie net so kaal.
"Solank jy op die vensterbank
Hier by my staan, so skoon en blank,
Kan ek, armsalige ou blikkie,
Nog stil wees en vir God nog dank,
"Dat Hy, toe daardie oorlogsdamp
My kinders al twee in die kamp,
Ag, armsalige ou blikkie,
Die lewe so het uitgestamp,
"Nog in my hart het hoop gegee,
Dat ek bedaard was in my wee,
Ag, armsalige ou blikkie,
Te dink, ek sien hul weer, al twee!
"Met jou het Griet en Gert gespeel,
En ek het nog in jou 'n deel;
Ag, armsalige ou blikkie,
Laat ek my maar nog iets verbeel!
"Verbeelding--dit is alles nou,
Wat ek nog het: laat my dit hou!
Ag, armsalige ou blikkie,
Jy is my anker teen die rou!"
Woltemade se Spook.
"Hier agter troon die Duiwelskop;
Ou Tafelberg is vlak daarnaas--
'n Egte tafelklip, waarop
Die seedons afdaal as 'n waas,
Nog witter as renosterrook,
Nog dunner as die jongste spook.
Die onderdeur staan ope nou,
Al is die naglug nog so koud,
Al is die water nog so rou,
Al glans die weerlig bont as goud:
Die seelug is mos nie 'n dief--
Ek hou van hom, ek het hom lief!
My kers is amper uitgebrand:
Dit kwyn nog net 'n vlammetjie;
Ek het 'n snuiter by die hand--
Die ouderwetse ding, hierdie;
Maar ek wil maar die kers laat staan:
Dit kan nog meeding met die maan--
Die maan, wat deur die wolke loop
Soos 'n fisant deur ruigtegras--
Nou vol, dan halfpad oorgedoop
Deur wolke, dan weer in die kas;
Nou skemer oor die strand, dan swart,
Stikdonker skadu, koud en hard.
Geen ster skyn deur die vensters hier;
Geen mot vlieg om my kersievlam;
Geen gogga gons of maak getier;
Ja, selfs die wind se stem is lam:
Die hele nag het dit gedreun,
Die hele aandlang deur gekreun.
Dof slaan die see daar oor die sand,
Eentonig oor die klippers weg;
Die seegras strooi die hele strand,
Waar skuim nog met die skulpe veg--
Grys as 'n blinde man se oog,
En troebel as 'n emmer loog.
Hier binne gooi my kers se skyn
Groot skadu-spoke teen die muur,
Wat flikker, fladder en verkwyn
Soos spinnekoppe in 'n skuur;
En hoog daar bo, daar by die dak,
Waai vlaggies van vuil spinnerak.
Nou luister maar: daar hoor jy raas,
Sag as 'n muis, wat bruidskoek kna,
Of vir sy maters in 'n kaas
Trakteer, op wat hul weg kan dra.
'n Dof geritsel by die deur--
Iets koddigs nou kan jy bespeur:
'n Voetstap op die stoep; 'n ding,
Wat sagter as 'n blootvoet kind,
Dwars rondloop as 'n vreemdeling,
So vinnig amper as die wind--
Wat skielik in die duister blink,
En dowwer oor die drumpel klink;
Iets, wat jy nie met oë kyk;
Iets, wat jy nie met vingers vat;
Wat deur die hele kamer reik,
Wat kruip so deur die sleutelgat--
Miskien 'n bietjie mis of rook,
Of Wolraad Woltemaad se spook!
Jy sien hom nie; jy voel maar glo
Die yskoud lug, waarin hy gly!
Die spinnekoppe spartel so,
Asof hul bewerasie kry;
Die kat krimp weg, sy rug is krom;
Die hond die huil; die wind is stom!
En elke nag teen middernag,
Dan ry die yskoud spook op land,
En kuier op die strand, en wag
Sy lewe, wat die see as pand
Moet hou, totdat die eerste slag
Geslaan word op die laaste dag.
En as hy oor die drumpel waai
En inkrimp in jou huis, dan kreun
Die ou skarniere, en dan swaai
Die onderdeur; 'n dof gedreun
Klink in jou ore, want dis ook
Die koms van Woltemaad se spook!
Jy moenie daarvoor bang wees nie:
'n Spook het mos geen been of murg:
Wat kan hy kwaad doen, of vir wie
Kan hy so goedsmoeds dood verwurg?
Nee, glo nie, hy sal rusie stook!
Hy is mos Woltemaad se spook!
Hy kom net om die strand te sien,
Waar eenmaal hy 'n heldestreek
Begaan het om die Plig te dien.
Verbeel jou, hy is dood en bleek:
Hy kan jou nie moveer, en jy
Moet trots wees op sy koms en bly.
Net goeie mense sien sy spook!
As jy miskien op sterwe lê,
Gewaar jy hom as gryswit rook,
Waaruit 'n stem klink sag, en sê:
(Al dink jy ook, dis maar die wind)
"Kom saam met my; kom huis toe, vrind!"
Al is jy goed of goddeloos,
Sit net maar stil alleen en wag;
Alleen, met twak en tonteldoos,
Gewaar jy hom op middernag--
Nie met jou oog, nie met jou hand:
Net met jou siel en jou verstand.
Gevoel--alleen aan dit gewoon,
Kan jy vir Woltemade sien:
Het jy dan ook gevoel nie, loon
Dit jou niks, want jy word miskien
So vaak en teemrig, dat jy gaap,
En netnou sluimer vas aan slaap.
Dan droom jy, Woltemade kom
Net soos Klaas Vakie deur die dak
Of skoorsteen--want 'n spook is dom
En gee nie om die spinnerak--
En as jy slaap, dan bo jou kop
Lê hy sy koue hande op
Dan skrik jy wakker en kyk rond:
Die kersie gluur nog om die pit,
Die skadu flikker oor die grond,
Die sterre en die maan skyn wit,
Jy hoor nie eers 'n kreun of sug,
Jy voel net maar die yskoud lug;
Maar in jou kamer, by jou bed,
Daar het sy spook gestaan, en hy
Het op jou in jou slaap gelet;
Oor jou sy hande uitgesprei:
"Ek het my plig gedoen, gegee
My lewe aan ons Moedersee.
"Ek het my plig gedoen; en jy,
Jy, wat so sedig droom en gaap--
Wat het ons land van jou gekry?
Het jy gewerk of net geslaap?
Jou lewe, was dit werk of rook,
'n Droom--soos Woltemaad se spook?"
Lenteliedjie.
Al die veld is vrolik;
Al die voëltjies sing;
Al die kriekies kriek daarbuite;
Elke sprinkhaan spring.
Al die koggelmannetjies
Kom om fees te vier;
Hier galop 'n goggatjie,
Daarso dans 'n mier.
Selfs die vissies spartel
Teen die kafferskuil;
In die groot ou eikeboom
Droom 'n oupa-uil.
Rond in ons Karooland
Is 'n ruik versprei:
Boegoeblom en appelkoos--
Kan jy beter kry?
Katjiepiering-heinings,
Bont met blomme hier;
Rose en sering daarnaas,
Roos en angelier.
Binde vir my same
Katjiepiering wit,
Bobejaantjies blou en bont,
Rose in die lid;
Varings van die klippe,
Afrikaners rooi,
En kalkoentjies uit die vlei--
Algar is so mooi!
Geel gousblomme uit die veld,
Klossies uit die kuil--
Sal ons ooit ons blommetjies
Vir iets anders ruil?
Vrolik is die wêreld,
Vrolik, rant en vlei!
Elke koggelmannetjie
Het sy maat gekry;
Elke gonsrig goggatjie
Is getroud of vry:
Vrolik is die wêreld hier,
Vrolik veld en vlei!
Die Apie.
Apie, apie, sê vir my,
Is jy mens, of is jy dier?
Het jy bruilof ooit gevier?
Waar en wanneer het jy getrou?
Het jy kind of het jy vrou?
Het jy skulde? In jou huis,
Apie, is dit alles pluis?
Is die kleinnooi in haar skik?
Of moet sy op alles pik?
Apie, apie, sê vir my.
Oubaas, oubaas, ek sal sê:
Ek is maar 'n viervoet dier;
Ek het bruilof nooit gevier;
Agter die bossies het ek getrou,
Kinders het ek en 'n vrou.
Skulde nie; en in my huis,
Glo ek, is dit alles pluis.
Kleinnooi is nie in haar skik,
As ander apies op haar mik:
Oubaas, dit is, soos ek sê.
Apie, apie, sê vir my
Waarom lewe jy so mooi,
Sonder kamer, sonder kooi,
Sonder selfs 'n trouring, sonder
Ook 'n huwlikseen? Ek wonder,
Dat jou vrou so goed verstaan
Nie met apies rond te gaan;
Dat jy sonder skulde lewe,
En nie vir verbande bewe:
Apie, apie, sê vir my.
Oubaas, oubaas, ek sal sê:
Ek kan lewe sonder kooi--
Klipskeure is net so mooi--
Sonder selfs 'n trouring, sonder
Ook 'n huwlikseen! Jy wonder?
Ek het altyd goed verstaan
Met vroumense om te gaan:
Anders loop my hele lewe
Opdraand, dat ek daarvan bewe:
Oubaas, dit is, soos ek sê.
'n Praatjie oor die Trougees.
Akeldissie, waarom trou jy nie?
Mame wil nie hê nie!
_Lokasieliedjie_.
Ag, akeldissie, as jy eenmaal weet,
Wat 'n getroude mens het uit te staan,
Hoe hy moet spartel, hoe hy rond moet slaan,
Om deur te kom, moet worstel, dan sal jy
Nie so voorbarig praat nie, glo vir my!
Ag, akeldissie, man, die wêreld weet--
Die wêreld, wat 'n mens so gadeslaan!--
Wat man en vrou tesame uit moet staan;
En jy weet niks daarvan; ja, glo vir my,
Dis beter, nie te trou, en tuis te bly.
Jy gaan so teen jou ma tekeer; jy sweet
Van stoutheid en astrantheid; jy wil gaan
Met vroumense op reis nou na die maan;
Jy wil gaan trou, wil kinders hê en vry:
Maar dink, oormôre, wil jy sieto skei!
Ag, akeldissie, jong, jou mame weet
Meer van vroumense af, as jy verstaan;
Sy wil jou nie sien spartel en vergaan,
Net om 'n meisie, waar jy na gaan vry:
'n Vroumens is astrant, ja glo vir my!
Bly liewers tuis, ou kêrel. As jy meet
Die jonkmanskap teenoor die huweliksbaan,
Dan sien jy tog, hoe sleg die maat moet gaan
Vir man en vrou; hoor dus na my en bly
Maar tjoepstil tuis, en laat jou ma jou lei.
Wat wil jy met die meisies? As jy eet,
Is daar genoeg vir een: wat nou gedaan,
As jy 'n vrou het, kinders ook? Vergaan
Van honger? Nee, ou jong, jy moet maar bly
Stil by jou mame, vrolik aan haar sy.
Ag, akeldissie, het 'n vrou jou beet?
Kêrel, ek voel vir jou, ek stort 'n traan!
Hoe kon jy ooit so iets, ou man, begaan?
Jou hart is mos jou eie: laat dit bly;
Vry na jou mame, as jy tog moet vry!
_Akeldissie aan My_:
Ag ja, Tweebene, ek sit in die klem,
Vas in die ou slagyster van 'n vrou!
Haar mondjie, man, dit is so rooi as bloed;
Haar hare, man, dit is so swart as roet;
Haar stemmetjie as wind, wat oor die baai
Die soetste deuntjie fluister, as dit waai;
Haar ogies net soos sterretjies so mooi;
Haar wangetjies as kersies net so rooi;
Haar tandjies, as my eie, net so wit
As seesand of 'n appelkoos se pit:
Sy is die mooiste meisie op die veld;
Sy het ook, soos ek hoor, 'n bietjie geld:
Nou het jy alles, man; ek moet gaan trou,
Al hou jy my ook agter met 'n rem!
Jy praat, Tweebene, net asof jy dwars
Deur heel die formulier gekruip het. Jy--
Wat weet jyself van meisies, van 'n vrou?
Jy is mos nie 'n vent, van wie hul hou;
Jyself het mos 'n meisie nooit gesoen--
Ek het dit duisend male al gedoen!
Jy weet niks van die pret. Verbeel jou maar,
Jy het in een minuut so opgegaar
Die ganse pret van heel die wêreld: dan
Weet jy nog niks, of amper niks, daarvan!
Laat staan maar, man, al jou bangmakery:
Jy praat my tog nie om, selfs as jy bars!
My hele twis met mame is maar dit:
Ek wil gaan trou en mame wil nie ja sê.
My meisie is kordaat; ons is geskik
Een vir die ander; nie te arm; en ek
Het ook 'n bietjie oulappe gespaar
Om bruilofsfees te vier op Nuwejaar.
Die kinders is nog in die verte, man:
'n Mens hoef nie so vroeg hom in te span!
En honger ly? Nou ja, dit kan ek ly,
As sy maar by my is en aan my sy!
En as my kinders later vir my pa sê,
Sal op die klippers tog nog vliegies sit.
_Akeldissie se Mame aan ons al twee_:
Wat praat julle die liewe lange dag,
Wat wil jy hier vir Dissie wysmaak, jy
Tweebene? Affronteer jy nog vir my,
En staan vrygeestig ginnegaap en lag?
Ek is sy ma! Ek wil nie, dat hy trou:
Hy is nog nie agter die ore droog;
En ek is nog sy mame en sy voog!
Wat moet hy weet van kinders en 'n vrou?
Tweebene, dink jy nou, dat dit betaam
Om met 'n kind soos Dissie oor die saak
Te sanik? Is dit iets, wat jou moet raak?
Vervlaks, Tweebene! Man, jy moet jou skaam!
Ek bring my kinders op in sedigheid:
Hul het van sulke sake nie te weet!
En Dissie moet maar al jou praat vergeet,
Want as hy groter word, is daar nog tyd.
Nou moet hy maar die nonsens uit sy kop
Glad uitveeg. Hoor jy, Dissie, wat ek sê?
Ek wil geen koppigheid en nukkies hê:
Ek weet, die vroumense die sal jou fop.
Jy is so onnosel, Dissie! Elke meid
Kan jou net vir 'n appel en 'n ei
Laat bokspring na die maan, en dis vir my
'n Teken weer van jou wysneusigheid.
As jou oorlede pa nog hier was, dan
Sal hy jou goed die kop gewas het. Nou
Dink jy, dat jy kan kinders kry en trou--
Ja waarlik, soos 'n opgegroeide man!
En jy, Tweebene, styf hom in sy nuk:
Jy praat met hom oor dinge, wat 'n kind
Glad nie verstaan nie. Dissie is nog blind,
En moet gehoorsaam wees, en moet maar buk.
Ek sê vir jou, daar kom niks van! Hy trou?
Hy, half onnosel nog, hy kinders kry?
Hy bruilof vier om later weer te skei?
Vir my 'n skoondogter, vir hom 'n vrou?
Nee, glo vir my, jy het dit mis! Ek sweer,
Daar kom niks van nie! Dissie, jy bly hier;
Jou meisie kan met iemand anders vier
Haar bruilof; jy het nog te veel te leer.
_'n Jaar later_.
Ek was weer op die veld, en die son het so mooi
Goud, silwer en goud, oor die klippe gestrooi;
Die wind het weer lekker die bossies geswaai,
En fluks oor die geil afrikaners gewaai;
Die lug was so helder, so soet en so blou;
Die hele veldwêreld was weer uit die rou;
En orals was blommetjies, orals was groen;
Die gras en die grond het die son weer gesoen;
Daar onder, daar waar die oliewenboom staan,
Het vinke hul neste gebou; en die graan
Was hoog in die koringveld, groen as die see;
En ver in die vlakte was skape en vee:
En ek was gekom om te vra, of miskien
Ek Dissie of Dissie se mame kon sien.
Ek het by die klippe gestaan, en geskreeu
In vlot akeldissietaal toe vir die twee;
En daar het 'n klein akeldissie gekom
Gekruip uit sy skeur. En ek vra toe vir hom:
"Waar 's Dissie? Ek glo mos, dis Dissie se huis.
Is hy, of miskien mevrou Dissie nou tuis?"
Die kleintjie, die kyk my onnosel oorheen,
En slaan met sy stertjie so fluks teen sy been,
En sê toe verleë: "Ouseur, ek sal vra,
As ouseur 'n oomblikkie wag, vir my ma."
Daarmee gaan hy weer soos die blits in sy skeur,
En een-twee-drie later toe kruip hy daardeur,
En agter hom kom Akeldissie se vrou:
Die vent het--ja regtig, dis waar!--mos getrou,
En daar was vyf kinders! Ek moes toe ook praat,
Met klein mevrou Dissie gesels, ja tot laat,
Tot Dissie toe self--hy was uit op die jag--
Terug het gekom; dit was diep in die nag.
En toe het ou Dissie my alles vertel;
En die hele geskiednis voor oë gestel.
"Die ergste van alles,"--so sê hy vir my--
"Die ergste van alles, waaronder ek ly,
Is dat ons so oud worde, ek en my vrou:
Ons oudste seun wil al--verbeel jou--ook trou!"
Slampamperliedjies.
I.
Boomsingertjie, jy fluister
Die liewe lange dag
Geheimpies aan die keurbos,
Waaroor die miere lag.
Jy sanik so jou deuntjies
Eentonig op; jy sing
Van son-op, tot die son verdwyn,
En skemer ons omring.
Boomsingertjie, ek wonder,
Ken jy ook my geheim?
Vertel jy dit die keurbos,
Die miere ook, op rym?
II.
Daar, waar die uitspan by die waboom
So kaal staan op die veld,
Daar lê 'n half-verskroeide blom,
Bleek deur die son, verdor en krom:
Jy 's nie daarop gesteld.
Daar, waar die kruispad langs die waboom
Verbygaan oor die veld,
Daar lê 'n uitgedroogde mol,
Half sonder vel en sonder wol:
Jy 's nie daarop gesteld.
Hier in die dorp, waar ons nou lewe,
So ver nie van die veld,
Daar 's baie uitgedroog en dom,
Daar 's baie bleek, verdor en krom:
Jy is daarop gesteld!
III.
Van Noodt, Van Noodt, ek sê vir jou,
Die mense pla my met jou storie;
Vertel my, ag, jy was so hard,
En nie geraak deur 'n memorie.
Ek weet nie, of die mense lieg--
Dis alles uit die ou swart dosie!
Maar jy is tog--miskien onreg--
Vir al ons mense nog 'n josie.
Van Noodt, Van Noodt, jou tyd kom weer!
Al het jy ook maar net 'n greintjie
Van goedheid in jou, dis tog werd
'n Lofspraak, is dit maar 'n lyntjie.
Daar is geen mens so aaklig goed,
Daar is geen vent so vals en swart,
Of in sy bors klop daar nog deur,
'n Brokkie van 'n mensehart.
Van Noodt, Van Noodt, daar in jou graf
(Waar het die mense jou begrawe?)
Daar kan jy deurslaap tot die dag,
As die geskiednis jou kom lawe
Met lof en prysgeskal, en jou
Gedoentes nie meer as misdade
Gereken worde, goewerneur,
Met al jou papbroek-hemerade!
IV.
Gee vir my 'n trouring;
Gee vir my 'n vrou;
Gee vir my 'n babetjie:
Neem die res vir jou!
Wat wil jy met trouring?
Wat wil jy met vrou?
Wat wil jy met babetjie?
Jy, nog in die rou?
Neem die werk as trouring;
Neem jou land as vrou;
Die toekoms as jou babetjie:
Dis genoeg vir jou!
V.
Krulkop-klonkie,
Waarvandaan
Kom jy hierso
Gou-gou aan?
Van die hemel, krulkop-klonkie, van die sterre, van die maan?
Krulkop-klonkie,
Is jou hart
Nog nie klaar nie,
Nog nie swart?
Of is dit al lank verdor al, grysgemaak deur al die smart?
Krulkop-klonkie,
As jy lag,
Vlug die donker
Uit die nag
Deur die agterdeur na buite, en dit skyn hier as die dag.
Krulkop-klonkie,
Wat wil jy
Op die wêreld
Hier by my
Nou kom haal of lewer, klonkie? Wat is hier te gee of kry?
Krulkop-klonkie,
Slaap gerus,
Van die drome
Onbewus:
Vroeg genoeg kry jy nagmerrie; wie sal jou dan, klonkie, sus?
VI.
Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?
Dink jy, die mense lees jou versies? Glo,
Ons het nog ander goed om oor te babbel,
En hou nie van slampampertjies hier bo."
Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie:
Die windswaal sing--nou, waarvoor moet hy sing?
Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe,
Net om hy iets moet sê, iets, iets, moet bring!
En ek ook, soos 'n windswaal, maak my versies
Nie maar vir jou--nee, glad nie; want ek weet,
Jy hou mos nie van versies, jy, wat trots is,
Omdat jy dink, jy het die wysheid beet.
Ek sing net vir myself: uit puur verstrooiing
Maak ek slampamperliedjies net soos dié:
'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
En ek moet versies maak, of praat met--wie?
VII.
Ek sing van die wind, wat tekeer gaan;
Ek sing van die reën, wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karooland;
Van blomme, wat bloei by die wal;
Van water, wat bruis oor die klippe;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van voëls, wat daar sing in die bossies--
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al, wat die vlei laat verkleur;
Van al, wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke--
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
VIII.
"Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels;
Neem, wat die lewe gee, en maak ekskusie:
Want anders word jou beste vrind jou vyand,
En broei jy net maar stryd en rusie."
Ag nee, ou boetie, laat my maar slampamper:
Somtyds is oorlog nog die beste vrede.
Diep in die klei daar steek die diamante:
'n Mens moet grawe--dis die rede!
IX.
'n Skoenlapper die vlieg daar bo
En fladder oor die rose daar:
Ek sien hom en ek word gewaar,
Die son die skyn daarbuite, glo.
Netnou was dit nog wolkerig,
En outa Adam het gesê:
"Kleinbaas, ons sal weer donder hê;
Ja waarlik, basie, kyk hoe dig!"
Nou is die wolke weg: die straal
So geel as goud, lê oor die rooi,
Die skoenlapper die speel weer mooi,
En vlieg weer op om neer te daal.
So is dit in ons wêreld: nou
Is alles weer so wolkerig,
Die toekoms swart, met donker dig;
Dan somaar speel die son om jou.
X.
Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?
Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?
XI.
Weer hoor ek iemand vra:
"Wat meen jy dan daardeur,
Om sulke versies op te maak,
So sonder smaak of geur?
Wat het ons met 'n voël,
Met blou of geel of groen--
Met sulke vrae, wat het ons,
Of jy ook, dan te doen?
Vertel ons iets wat deug,
Iets, wat 'n mens onthou,
Iets, wat 'n mens van nut kan wees,
Wat beter pas vir jou."
Ek het jou al gesê,
Ou boet, ek sing alleen:
Verstaan jy daarvan niks--nou ja,
Jy is nog nie gespeen.
XII.
Kriekie, jy, wat op die solder sanik,
Wat het jy tog vir ons te vertel?
Glo jy ouderwetse ou geheimpies?
Is daar iets, waarop jy agting stel?
Of moet jy, dag in, dag uit, maar sanik,
Kriekie, tot ek dol word van jou dreun?
Is jou lofsang maar 'n kriekie-klaaglied,
En jou deuntjie, kriekie, maar 'n kreun?
XIII.
Klossies, jul bewe en bibber:
Is dan die aandlug so koud?
Moet julle so teen die westewind koes?
Sal hy vir julle die blou en die goud,
Alles verwoes?
Klossies, jul bewe en bibber:
Drink maar die son, en wees bly!
Goud, blou en rooi is die lewe; en sag
Waai ons ou westewind koel oor die vlei:
Nog is dit dag.
XIV.
Twee dinge sê ek vir jou, ou boetie--die een is: "Vergeet, wat jy kan!"
Die ander: "Onthou, wat jy moet, ou boetie!" Is dit nou te veel vir 'n man!
Twee dinge sê ek vandag vir myselwe--die een is: "Onthou, wat jy kan!"
Die ander: "Vergeet, wat jy moet!" Dis amper te veel om te verg van 'n man!
XV.
Gistraand in die maanlig daar buite
Het ek stil op die seestrand gestaan,
En die weerlig het bo op die ruite
Van die vensters geel vonke geslaan.
En ver, waar die see maar 'n lyn was,
Waar die hemel en sterre hom soen,
Waar die vloed kristalhelder en rein was,
En die branders half wit en half groen,
Het ek weerlig gesien op en neer gaan,
As silwer en goud in die lug,
As siele, wat bo na die Heer gaan--
Stil, sonder 'n klag of 'n sug.
XVI.
Nie maanlig meer, maar wolke orals rond;
Die branders groot as berge; en die see
Kook oor en raas; die hele lug is swart,
Swart as 'n kool, of diepswart as die mond
Van 'n spelonk by nag gesien; en hard
Slaan teen die see die donder en raas mee.
Hier staan ek aan die strand, en om my woel
See, donderslag en bliksem. Daar 's 'n lig,
Dig by die rotse: dis 'n skip se vuur;
Want op en neer dans hy daar--en ek voel,
My hart het jammer vir die see se plig
En vir die skip se prys: dis tog so duur!
Vanmôre was die see weer stil; die strand
Gestrooi met seegras, maar met meer as gras;
Want daar was een--hy het sy prys betaal,
En lê bankrot en brandarm op die sand,
Half met sy hand nog aan 'n houtblok vas--
'n Lyk met ope oë, doodsbleek en vaal.
XVII.
Dingaan, die Soeloe, was 'n duiwel:
Handlanger van die hel was hy!
Hy het ons mense hard geteister,
Windmaker in sy dwinglandy.
Dingaan, die Soeloe, was 'n duiwel,
Maar hy is lankal dood, en nou
Het ons geen mens, wat ons kan teister--
En tog sit ons nog in die rou!
XVIII.
Klim op, klim op, met die slingerpad!
Klim op, klim op, tot jy staan daar bo,
Waar jy al ons land in 'n oomblik vat,
Van die Suurveld af tot die kaal Karoo!
Klim op, klim op, langs die slingerpad!
Klim op, tot jy bo-op staan; en kyk,
Hoe mooi ons wêreld is! Dan weet
Jou siel die waarheid--want jy is ryk!
XIX.
Die see het juwele, robyne,
So rooi as 'n korrel granaat;
Die see het sy lyke, geraamtes,
Van elke verdrinkte Janmaat.
Die see het sy skulpe, wat, mooier
As ooit ook 'n mens dit kan maak,
Daar pronk in paleise van seegras,
Waar ewig die branders om kraak.
Die see het 'n hart: in die diepte--
Waar selfs nie 'n kreef kan bestaan,
Waar lewens nog laer as muggies
Gebore word om te vergaan--
Daar setel sy siel, en dit uiter
In elke verandring sy wil!
Verslinger die rotse die branders,
Die see sal daar nimmer van gril;
Want ewig en altyd onsterflik
Is diep in die diepte sy krag,
En laag in die land van sy lewe
'n Siel, wat vir ewig kan wag.
XX.
Die see is wild, die see is blind:
Hy slaan so oor die rotse grof;
Veraf nog dreun sy donder dof,
En oor hom huil die noordewind.
Die wind is wild, die wind is kwaai:
Hy gons die bome deur en breek
Die takke van die stam, en steek
Die haelbui aan met sy lawaai.
Die hael is wild, die hael is sterk;
Hy maak die see se branders glad,
En stamp die koringvelde plat,
En breek die sekretaars se vlerk.
Nog wilder as die see en wind,
Nog strammer as die haelstormsnood,
Nog blinder as die drie--die Dood,
Wat op jou voorkop sit, ou vrind!
Die Einde.
Gee vrede en rus vir ons almal, wat lam is van swerwe,
Moed en geduld vir ons almal, wat bang is te sterwe;
Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome;
Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
Gee, dat ons lag, as die lewenslas druk op ons harte;
Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
Gee vrede en rus vir ons almal, wat lewe en erwe
Smart en verdriet, met die reg om uiteindlik te sterwe.
Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders, en luister
Stil na die wind, wat so sag in ons ore kom fluister:
"Moed, mense, hou moed!
Die kwaad sal verander in goed:
Die môrelig kom uit die duister."
BY ONS IS OOK TE KRY:
=DICHTERS UIT ZUID-AFRIKA=
BLOEMLEZING
uit de gedichten van
CELLIERS, TOTIUS, LEIPOLDT, MALHERBE,
JOUBERT, LANGENHOVEN, MARAIS,
KEET, WASSENAAR EN FAGAN.
* * * * *
Saamgesteld door
Dr. E.C. PIENAAR B.A.
MET INLEIDING EN WOORDVERKLARING.
* * * * *
DERDE HERSIENE DRUK.
* * * * *
PRYS EXTRA GEBIND 5/6 POSVRY.
VRA VANDAG NOG 'N EKSEMPLAAR AAN DIE UITGEWERS VAN HIERDIE BOEKIE.
NUWE BOEKE
By die uitgewers van hierdie boekie het die volgende nuwe uitgawes
verskyn:
DANIE SE HOOP VERVUL
'n voorbeeld vir ons Afrikaanse seuns
deur
Mevr. PHILIP OELOFSE.
'n Ekstra boekie vir 'n geskenk.
=3/9 posvry=.
* * * * *
TWEE RAMPE EN TWEE GELUKKE
deur
Ds. J.H. KRUGER.
Aan hierdie boek is die twede prys toegeken in die prysvraag,
uitgeskryf deur ons firma vir die beste werk in Afrikaans.
=6/- posvry=.
* * * * *
HUIS EN VELD
deur
G.R. VON WIELLIGH.
=5/6 posvry=.
Die boeke van Meneer v. WIELLIGH behoef geen aanbeveling nie.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK OOM GERT VERTEL EN ANDER GEDIGTE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will
be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright
law means that no one owns a United States copyright in these works,
so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United
States without permission and without paying copyright
royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part
of this license, apply to copying and distributing Project
Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™
concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark,
and may not be used if you charge for an eBook, except by following
the terms of the trademark license, including paying royalties for use
of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for
copies of this eBook, complying with the trademark license is very
easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project
Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away—you may
do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected
by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark
license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work
(or any other work associated in any way with the phrase “Project
Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full
Project Gutenberg™ License available with this file or online at
www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™
electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™
electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to
and accept all the terms of this license and intellectual property
(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all
the terms of this agreement, you must cease using and return or
destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your
possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a
Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound
by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person
or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be
used on or associated in any way with an electronic work by people who
agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few
things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works
even without complying with the full terms of this agreement. See
paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project
Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this
agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™
electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the
Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection
of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual
works in the collection are in the public domain in the United
States. If an individual work is unprotected by copyright law in the
United States and you are located in the United States, we do not
claim a right to prevent you from copying, distributing, performing,
displaying or creating derivative works based on the work as long as
all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope
that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting
free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™
works in compliance with the terms of this agreement for keeping the
Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily
comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg™ License when
you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are
in a constant state of change. If you are outside the United States,
check the laws of your country in addition to the terms of this
agreement before downloading, copying, displaying, performing,
distributing or creating derivative works based on this work or any
other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no
representations concerning the copyright status of any work in any
country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other
immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear
prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work
on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the
phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed,
performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms
of the Project Gutenberg License included with this eBook or online
at www.gutenberg.org. If you
are not located in the United States, you will have to check the laws
of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is
derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not
contain a notice indicating that it is posted with permission of the
copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in
the United States without paying any fees or charges. If you are
redistributing or providing access to a work with the phrase “Project
Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply
either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or
obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™
trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted
with the permission of the copyright holder, your use and distribution
must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any
additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms
will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works
posted with the permission of the copyright holder found at the
beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™
License terms from this work, or any files containing a part of this
work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without
prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with
active links or immediate access to the full terms of the Project
Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including
any word processing or hypertext form. However, if you provide access
to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format
other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official
version posted on the official Project Gutenberg™ website
(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense
to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means
of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain
Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the
full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying,
performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works
unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing
access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works
provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from
the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method
you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed
to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has
agreed to donate royalties under this paragraph to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid
within 60 days following each date on which you prepare (or are
legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty
payments should be clearly marked as such and sent to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in
Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he
does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™
License. You must require such a user to return or destroy all
copies of the works possessed in a physical medium and discontinue
all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™
works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of
any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free
distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project
Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than
are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing
from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of
the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set
forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread
works not protected by U.S. copyright law in creating the Project
Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™
electronic works, and the medium on which they may be stored, may
contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate
or corrupt data, transcription errors, a copyright or other
intellectual property infringement, a defective or damaged disk or
other medium, a computer virus, or computer codes that damage or
cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right
of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all
liability to you for damages, costs and expenses, including legal
fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE
PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE
TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE
LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR
INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH
DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a
defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can
receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium
with your written explanation. The person or entity that provided you
with the defective work may elect to provide a replacement copy in
lieu of a refund. If you received the work electronically, the person
or entity providing it to you may choose to give you a second
opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If
the second copy is also defective, you may demand a refund in writing
without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth
in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO
OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT
LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied
warranties or the exclusion or limitation of certain types of
damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement
violates the law of the state applicable to this agreement, the
agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or
limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or
unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in
accordance with this agreement, and any volunteers associated with the
production, promotion and distribution of Project Gutenberg™
electronic works, harmless from all liability, costs and expenses,
including legal fees, that arise directly or indirectly from any of
the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this
or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or
additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any
Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of
electronic works in formats readable by the widest variety of
computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It
exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations
from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the
assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s
goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will
remain freely available for generations to come. In 2001, the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure
and permanent future for Project Gutenberg™ and future
generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see
Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit
501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the
state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal
Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification
number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by
U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West,
Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website
and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of
increasing the number of public domain and licensed works that can be
freely distributed in machine-readable form accessible by the widest
array of equipment including outdated equipment. Many small donations
($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt
status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United
States. Compliance requirements are not uniform and it takes a
considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up
with these requirements. We do not solicit donations in locations
where we have not received written confirmation of compliance. To SEND
DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state
visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we
have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition
against accepting unsolicited donations from donors in such states who
approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make
any statements concerning tax treatment of donations received from
outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation
methods and addresses. Donations are accepted in a number of other
ways including checks, online payments and credit card donations. To
donate, please visit: www.gutenberg.org/donate.
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project
Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be
freely shared with anyone. For forty years, he produced and
distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of
volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed
editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in
the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not
necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper
edition.
Most people start at our website which has the main PG search
facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™,
including how to make donations to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to
subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.
|