Language
stringclasses 51
values | Source
stringclasses 724
values | Date
stringlengths 7
10
| Text
stringlengths 1
29.5k
⌀ |
---|---|---|---|
Afrikaans | sake24.com | 2009/04/25 | Te midde van die ekonomiese krisis word werkers met skaars vaardighede steeds opgeraap. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | “Dis ‘heutjieheu’”– ’n blaasopsprinkaan wat veral in die Wes-Kaap voorkom, lekker raas en meestal op bossies gevind word – wat in die WAT opgeneem is saam met sy talle wisselvorme. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/24 | Van die skaarser wildsoorte wat op die veiling te koop aangebied was, was witrenosters, swartneus-impalas, swartwitpense en bastergemsbokke. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | “In ’n kort reeks soos dié is dit ongelooflik belangrik om goed te begin,” het Ponting gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/17 | Saterdag om 0800 is die wegspring. Benewens die ope oor 106 km sal daar ook n wedren oor n korter 60 km wees en n pretbyeenkoms oor 25 km. Laasgenoemde nommer is jaarliks baie gewild onder die fietsryers van Omaruru. Die prysuitdeling sal Saterdagmiddag wees. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/07/28 | Dr. Molefi Sefularo, adjunkminister van gesondheid, het verlede maand gesê dat die voorlopige dokument oor die NGV teen einde Junie bekend gemaak sal word. Die departement van gesondheid kon egter nog geen aanduiding gee wanneer amptelike dokumentasie die lig gaan sien nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/22 | Nadat die beweging n week gelede op n amptelike motivering vir die stap aangedring het, het mnr. Theo Jankowski as hoof uitvoerende beampte op dieselfde dag aan die UPM teruggeskryf dat mnr. Van Wyk eintlik nie geskors is nie. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/25 | Die ander LP’s en ministers – al dié wat daar was – het reeds op hul banke gesit, twee-twee bymekaar. Van Schalkwyk het tussen hulle deur gestap, tot by ’n bank in die derde ry van voor af. Daar het hy gaan sit, tussen sy ANC-kollegas. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/03/18 | Nadat sy gesin deur misdaad getref is, het hy besluit om hom by die Parkmore-gemeenskapsvereniging aan te sluit. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/26 | Die veiling begin Saterdag om 14:00. Rugby op die groot skerm sal daarna volg en dan tree Kurt Darren net na die rugby op. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/02/05 | As gevolg van De Klerk se geostrategiese sotterny, woed 'n burgeroorlog in Angola waardeur die land jare lank verwoes word. Jonas Savimbi, die dapper en charismatiese leier van die Ovimbundu, die grootste etniese groep in Angola wat feitlik op sigself die meerderheid van die land se bevolking verteenwoordig, word uiteindelik soos 'n hond deur 'n sluipmoordenaar doodgeskiet. Onder Frelimo se radikale, linkse regering is Mosambiek op 'n stadium tot die armste land ter wêreld gereduseer. In Namibië kom SWAPO met fanfare aan bewind, verbied Afrikaans en stel grondhervorming in. |
Afrikaans | praag.co.za | 2008/08/13 | Voëlgroep, of H6N1, het reeds meer as 60 lande geraak sedert die epidemie vyf jaar gelede in Asië begin het en die meeste nasies het dit reeds in pluimvee geëlimineer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/24 | As ons sien hoe beleggers nou belangstel in eiendom en hoeveel daar gebou word, maak dit ons uitdaging nog groter. Kom ons spreek lewe oor ons dorp uit en dit sal herstel. Vir seker sal daar nog meer belangstelling kom. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/01/21 | Dit sal egter afhang van onder meer verbeteringe aan regulasies, konsessies en ’n beweging na koste-doeltreffende tariewe wat ’n opbrengs op beleggings kan waarborg. – I-Net Bridge |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/28 | Die Yellow Pages is die grootste atletiekreeks in Afrika en ons stuur ons atlete om meer blootstelling in groot kompetisies te kry. Meeste van die atlete is die beste in hul item in die land en die plaaslike kompetisies bied hulle nie meer n uitdaging nie. Hulle het kompetisie op n internasionale vlak nodig om werklik te kan sien waar hulle staan, het Letu Hamhola, nasionale atletiekafrigter, gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/04 | Huiskopers met deposito’s kan ook ’n beter rentekoers by die bank beding. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/22 | Namibië se rugbyhoop vir die Wêreldbeker was teen rustyd met 9-3 voor, danksy drie strafskoppe deur die akkurate skopskoen van skrumskakel Eugene Jantjies. Hy sou uiteindelik van die veld afstap as die enigste puntemaker van die Welwitschias nadat hy ook nog n vernuftige skepskop deur die pale gejaag het. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/01 | Mnr. Van Zyl meen dis gewoonlik n goeie idee om skuldpaaiemente onveranderd te laat soos wat rentekoerse afkom. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/22 | Hulle maak aanhoudende piepgeluide wanneer hulle met mekaar kommunikeer. Alhoewel hulle meestal op die grond bly, kan hulle boomklim en selfs swem om van gevaar te ontsnap. Sabastian en Sabine is albei lief vir water en die een sal houtgerus in hul waterbak lê terwyl die ander in die grond snuffel. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/06/29 | Volgens Deutsche Sekuriteite kan dit nog jare duur voor die nuwe strategie fokus kry. “Dit is teleurstellend dat FirstRand nog min betekenisvolle vordering sedert sy stigting in 1998 kan wys.” |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Op sigwaarde was dit ook ’n keuse tussen wit en swart; ouer wysheid en jeugdige dinamika. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/30 | Die vergadering is daarna afgestel. “Ons sou soos gekke daar opgedaag het!” het Kelder gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/18 | Die staat voer aan dat die beskuldigdes saamgewerk het om die Ministerie van Finansies te mislei om N$120 miljoen aan die Nuctecmaatskappy van China vir die vervaardiging en lewering van X-straalmasjiene te betaal. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/09/16 | Doendinge |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/26 | Wanneer dit gebeur, is dit moeilik om die spesie weer in die gebied te hervestig, wat tot gevolg het dat die toekoms van die gevlekte hiëna van beskermde gebiede afhanklik is. Luidens die verslag is die getalle veel minder as wat oorspronklik verwag is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/28 | Sy tyd in Pollsmoore word toe n bedekte seën, want daar vind hy homself en vir God. Vandag werk hy as loodgieter en probeer elke dag genoeg brood op die tafel sit om sy familie te onderhou. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/26 | ’n Boodskap word óf met die stilus op die virtuele sleutelbord uitgetik (en dit is ’n virtuele bord wat glad en vinnig werk) óf jy skuif die sleutelbord uit en werk met die sleutels wat skerp genoeg kante en vering het om makliker as ander te werk. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Tanzer het al op drie vastelande as sjef gewerk en in van die wêreld se voorste hotelle en vakansieoorde gekook. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/09/20 | "Hoewel die tien geboue wat geoormerk is vir sloping nie absoluut histories is nie, vorm elk 'n eie identiteit binne die stad se historiese en argitektoniese konteks," sê hy. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/20 | Die reise tussen die persoon se huis en sy werkplek word as private reise beskou en die belastingbetaler kan nie daarvoor eis nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/06/02 | Vandeesweek se reserwesyfers vir Mei, wat Vrydag uitgereik word, sal ’n goeie aanduiding gee of die bank inderdaad onlangs dollars gekoop het. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/18 | Sy steek nog ’n sigaret aan. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/11/02 | Hierdie gevoel kry ’n mens ook elders: Van die vier ballades op die CD is slegs een daarvan, “Us Against the World”, werklik iets besonders. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/10/10 | Ry binne die spoedgrens, hou links, steek regs verby. Sorg dat jou motor padwaardig is. Word ’n voorbeeld in die samelewing. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/17 | “Ek het Noodles onmiddellik vir die dokter gegee en gesê sy is besig om dood te gaan.” |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/28 | By die Hemelse Koning |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/13 | “Ek gaan die Bulls help as tegniese adviseur en nog baie tyd op die rugbyveld deurbring,” het hy gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/04/27 | Etes is Vrydag en Saterdag by stalletjies te koop en n kontantkroeg is deurentyd beskikbaar. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/10/16 | Hy het die duisende verlate myne in die land daaraan toegeskryf dat wetgewing voor 1994 nie werklik voorsiening gemaak het vir die regulering van dié bedryf nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/12/22 | Die webwerf bevat ʼn volledige lys van instellings wat huisvesting verskaf van luukse lodges en hotels tot kampeerplekke asook inligting van toeroperateurs en ander diensverskaffers in die toerismebedryf. Al die inligting wat jy nodig het om deur Namibië te toer, is op tournamibia. net. Dit is die webblad wat jou vakansie na daardie ekstra plek sal neem. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/04 | Toe hulle Maandagaand weer deur n veel groter weergawe van die addergeslag besoek is, het Seun met sy slegte ervaring van skaars n jaar terug, geweet om nie weer die slang trompop te storm nie, maar eerder sy baas te roep. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/14 | Ek sit nou met n telefoon wat ek a.g.v. Telecom se laksgeit om batterye te voorsien, nie kan gebruik nie. n Afskrif van hierdie brief word aan Telecom Namibia gestuur. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/04/28 | Beste Pieter, Dalien en die moedige stryders, |
Afrikaans | sake24.com | 2010/07/07 | mnr. Marius Alberts van Deloitte, wat in November verlede jaar deur die registrateur van banke aangestel is om vas te stel of Minne die Bankwet oortree het, was die omvang van die verhandeling in buitelandse valuta “baie beperk”. Net tussen R1 miljoen en R3 miljoen van die totale bedrag, wat strydig met die Bankwet van beleggers gewerf is, is gebruik om buitelandse valuta te verhandel. Die meeste van die geld wat gewerf is, is aan beleggers terugbetaal as rente. Dit het R140 miljoen bedra en ’n deel is klaarblyklik aangewend om Minne, ’n voormalige tegnikus by Transtel in Bloemfontein, se leefstyl te finansier. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/05/20 | Ek is jammer, maar Jansen se storie gaan eenvoudig nie op nie. ‘n Persoon wat Jansen sou bedank vir die groot lig wat Jansen vir hom laat opgaan het, sou immers nie kwaad gewees het nie, sou hy? Moontlik het Jansen, wat homself klaarblyklik as ‘n soort Jesusfiguur sien wat Afrikaners van ons “sondes” moet verlos, dié verhaal eerder as ‘n gelykenis bedoel. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/05/30 | “In die Vrystaat toon die vennootskap met die Universitas/Pelonomi-hospitaal met 214-beddens sterk groei en verbeterde bedryfsprestasie. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Hoodwinked Too! |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/26 | Die kinders is ons toekomstige leiers en ons moet toesien dat hulle die belangrikheid van bewaring insien, het me. Munene gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/12 | Johannesburg. - Die loonsubsidie wat minister van finansies mnr. Pravin Gordhan vanjaar in sy begrotingsrede aangekondig het, kan baie moontlik ’n stille dood sterf. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/02/09 | Noakes reken die gebruik van aanvullers en steroïede is wydverspreid onder gewone mense wat sommer by die gimnasiums om die draai oefen en dit gebruik om goed te lyk – die tipiese mense wat deur lewensversekeringsmaatskappye verseker moet word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/19 | Vanweë die ernstige beserings wat Bosman opgedoen het, is hy na Katutura staatshospitaal oorgeplaas. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/01/27 | Dit blyk dat boere tot 35% van die koopprys te veel vir kunsmis betaal het. Die oorverhaling moet egter van individu tot individu bepaal word en as regstappe gedoen word, sal deelnemende boere elk R5 000 moet betaal. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/01/10 | Komende naweek sal vele oë op die botsing tussen die aartsvyande en huidige nommer twee en drie spanne, die Westelike Provinsie en die Blou Bulle wees. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/19 | Neil Innes skryf: |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/11/05 | Het hy my dan nie ook geleer dat dit altyd te vinnig is om op te gee nie? Hoe kan mens glo jy gaan hemel toe en tog ignoreer jy God se wense en maak asof die Een wat jou die ewige lewe besorg nie bestaan nie. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/11/26 | Kate Woods van die WP, wat Suid-Afrika op die vorige twee Olimpiese Spele verteenwoordig het, is terug in die groep. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/07/09 | Mnr. Raw het gesê Namport glo dat Lüderitz se hawe kan bydra tot ekonomiese ontwikkeling met die samewerking van rolspelers soos die streekraad, die plaaslike owerheid, die toerisme- en gasvryheidsbedryf, mynwese, die sake-kamer, waterboerdery en die visnywerheid. Almal wat teenwoordig was, was van mening dat die ondertekeninge van die memoranda van verstandhouding tot almal en Lüderitz se voordeel sal wees. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/04/14 | Musa Zondi, die Valke se woordvoerder het gesê die polisie-eenhede is "goed voorberei" vir Woensdag. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/06/27 | Dit lyk of Ipayipi Consortium die gaping wil vul ingeval Petronet se beoogde NMPP-projek, die bou van ’n brandstofpypleiding van 24 duim (61 cm) van Durban na Gauteng teen meer as R9 miljard, nie aan die gang kom nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/12/01 | Van die dokumentasie wat ingedien is, sluit onder meer valse betaalsertifikate en bourekenaarsbriewe in. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/10/25 | Die huismoeder met haar dogters en slavinne het die groot huishouding van kos en klere voorsien, botter en seep gemaak, konfyt gekook en dergelike. By feesgeleenthede, soos 'n bruilof, die verjaardag van die huisvader, 'n vendusie of as daar kuiergaste is, het die boervrou uitgehaal en 'n groot oorvloed van lekkernye aan haar gaste voorgesit: gebraaide speenvarkies, pluimvee, kerrievleis, sosaties, blatjang, ingemaakte vrugte. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/20 | Hy reken Woolworths se swakker sake is dié kleinhandelaar se eie skuld. “Baie van sy basiese items wat ook by ander klerekleinhandelaars gekoop kan word, was te duur. Die pryse het te hoog geword vir die middelklaskliënt.” |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/29 | Oor die suurmis word beweer dat die ontwikkeling van n groot behuisingskompleks by Myl 4 maar sowat 3 km van die nywerheidsaanleg by Myl 7 of 8 gaan wees, een van die gunstelingplekke vir die Vision van die toekoms. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/03 | Desondanks word Duitse burgers aangeraai om te alle tye hul paspoorte en reisdokumente asook hul selfone byderhand te hê en om veral regeringsgeboue te vermy waar moontlike protesbetogings kan plaasvind. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/08 | Namibië se rugbyspelers is, anders as wat in die meeste ander lande ter wêreld die geval is, meestal amateurs wat voltydse beroepe beoefen en rugby as buitemuurse aktiwiteit speel. Enkele gelukkiges het kontrakte by rugby-unies buite die land se grense waar hulle hulle voltyds aan die sport kan wy. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/09/16 | Eet het ons geëet. Reeds by aankoms was die tafel gelaai met ’n rojale ploegman-skottel om die ys te breek. ’n Wasgoeddraad oor die tafel, tong-in-die-kies behang met allerlei gerookte worsies, vorm ’n worsgordyn waardeur die gaste mekaar kon leer ken. Aan my een kant sit ’n koffie-blogger; aan die ander kant ’n parfumier. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/05/06 | Beleggers moet nou op die jaarvergaderings besluite oor die toekoms van die sindikate neem. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/31 | “Dit is die derde agtereenvolgende surplus sedert Mei 2009,” het die SAID gesê. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/10/09 | Maar die prys aan Obama, wat die VSA tans in twee oorloë lei en nog nie eens 'n jaar aan die stuur van sy land nie, is 'n verrassing. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/04 | Dr. Johan Botha, ekonoom van Standard Bank, sê groei in kleinhandelverkope behoort steeds negatief te wees oor die volgende paar maande. Namate die vertraagde uitwerking van laer rentekoerse en inflasie deurkom sal dit mettertyd herstel. Dit sal egter eers laat vanjaar of begin volgende jaar wees. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/13 | Embashu was verlede jaar tweede ná Goeieman in The Rock. Oor Saterdag se byeenkoms het hy ook gesê hy het voor die tyd aanvaar dit gaan n moeilike roete wees. n Aanduiding van hoe ver Embashu voor was, was een van die aflosspanne (2 x 10,5 km), Damara van Swakopmund, wat ingekom het voordat die res van die veld in die halfmarathon nog in sig was. Die aflosatleet wat eerste in die item by die wenpaal opgedaag het, was Nkuluwa Naftal. Meer as 400 atlete het aan The Rock deelgeneem. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/05 | Haar pa het noodgedwonge ’n span beeldpoetsers gehuur om sy aanstaande skoonseun in koninklike etiket touwys te maak. Die paartjie is in Junie verlede jaar getroud in ’n tyd dat die relevansie van die Sweedse monargie al hoe meer deur die landsburgers bevraagteken word. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/27 | verouderd en daarom het Discovery die eis nie betaal nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/01/02 | Die ouer geslag lesers sal sekerlik onthou dat hul ouers tot diep in die tweede helfte van die vorige eeu skuld as een van net twee dinge geken het: óf ’n verband op die huis óf krediet by die algemene winkel, slaghuis, apteek en dokter. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/10 | Hy word op 20 Oktober gevonnis. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/03 | n Derde treffersnit Guilty as Sin word baie gespeel op 5fm, Highveld Stereo en kampusradiostasies en het eerste plek behaal op Pukfm, UJFM, Tuks FM en RMR. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/11/01 | Volgens die hoof uitvoerende beampte van die DBN, mnr. David Nuyoma, sal dit nie beteken dat ander DBN-projekte afgeskeep sal word nie. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/23 | Waarmee hy sê mense het illusies oor hulself nodig. So ’n bietjie slinkse selfbluf wat neerkom op die vermoë om verskonings te vind vir watter swakhede of leemtes jy ook al het. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/05 | Sy het verder uitgewys dat die verweer wat Sylvester se prokureur, mnr. Titus Ipumbu, eers verlede week in argumentshoofde geopper het, naamlik dat sy kliënt weens die gebruik van dagga en drank nie vir die misdade verantwoordelik is nie, verwerp moet word. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/10/28 | Hy is op borgtog van R1 500 weer vrygelaat. |
Afrikaans | sake24.com | 2006/05/10 | Met die notering sal die JSE hom in ’n situasie bevind van maksimum deursigtigheid, wat die likiditeit van JSE-aandele sal bevorder, het Loubser gesê. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | ’n Bron sê Malema weet hy gaan geskors word en gebruik die optogte as ’n dreigement “dat daar chaos sal wees as ek geskors word”. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/15 | Hy het erken dat die land ernstige uitdagings in die gesig staar. Dit sluit in n gebrek aan dissipline en die leerlinge se swak prestasies in wiskunde en wetenskap. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/01/11 | Togo sou teen Ghana speel, maar dié land se premier het reeds die span gevra om hom uit te onttrek. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/08/14 | “Die meeste van die huidige uitdagings in die sakewêreld moes al in die verlede oorkom word. Dit is niks nuuts nie. Daarom het ek gedink dit sal van waarde wees om by suksesvolle entrepreneurs uit te vind hoe hulle geslaag het. Dit sal baie tyd spaar om dieselfde ding oor en oor te moet skep,” het Mapoko gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/03/04 | Die probleem is egter dat langtermyn- rentedraende skuld met 49% toegeneem het tot R2 miljard. Van die lenings moet teen einde vanjaar terugbetaal word, soos oorbruggingsfinansiering van R178 miljoen wat einde vanjaar betaal moet word. “Ons sal in die tweede helfte van die jaar finansiering moet vind,” sê Goodlace. Consmurch, die groep se antimoonmyn, presteer nie na wense nie en word afgeskaal. Die myn kan selfs in die loop van die jaar verkoop word. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/12/05 | Remgro se tweede grootste blootstelling is aan die verbruikersektor, waar dit nog baie sukkel, sê Visser. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/27 | Enige wins van hierdie aktiwiteite sal in die sentrum teruggeploeg word. |
Afrikaans | sake24.com | 2006/01/08 | "In Suid-Afrika is Coke se aandeel in daardie spesifieke mark tussen 90% en 92%. Die aandeel van Pepsi daarteenoor is maar tussen 1,5% en 2%. Daaruit is dit duidelik dat Coke steeds die voorste gasdoeldrank is, in ieder geval wat verkope in Suid-Afrika betref." |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/22 | Die topbestuur het aggressief, ongeduldig en ontegemoetkomend voorgekom teenoor navrae deur aandeelhouers. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/10/16 | Transformasie en regstellende aksie ten gunste van Afrikaners sou meedoënloos, ongenaakbaar en ewigdurend wees. Net soos vandag waar "voorheen benadeelde" lede van die ANC se nomenklatoera in hul swart Mercedesse en BMW's van een korporatiewe of staatsvergadering na 'n ander snel en al hoe meer rykdom vir hulself toeëien, sou die Afrikanerheersersklas alle mag en rykdom vir homself inpalm. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/05 | * Op dié tydstip van sy loopbaan was Schumacher ’n dubbele wêreldkampioen, soos Vettel ook nou is. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/10/25 | York het R1,6 miljard vir sy bruid betaal. Die grootste gedeelte daarvan was vir die plantasies, en die meule het bykans as ’n pasella saamgekom. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/31 | PAP kan egter n belangrike rol speel om die werksaamhede van die hof te bevorder. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/28 | Mev. Charmaine Labuschagne, beheeraanklaer van die hof vir seksuele misdrywe, het aangekla. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/03/09 | Dus is die stelling dat die |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/20 | Haai, mense, kan dit waar wees dat Snorre dalk gaan aanbly as “coach” net omdat niemand anders in die ou joppie belangstel nie?! Dalk ’n ou vroeë Aprilgrappie? |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/10/13 | Brummer het voorheen onraad vermoed nadat daar by hom ingebreek is. Hy het aan sy bure 'n foto van die man gewys wat hom glo leed wil aandoen. Die foto is ook aan die polisie gewys. Volgens Roets was dit nie 'n werker van Brummer nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/24 | n Klassieke onbehoorlikheid |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/10 | Dit beteken dat alle finansiële instellings kommentaar daarop sal kan lewer. Die sperdatum vir kommentaar is 16 April. |