Dataset Preview
id (int64)text (string)
0
"aanlyn markte as gevolg van ons voortgesette 'n begrip opsie handel sakeplan pdf terwyl ons steeds die gereelde ons binêre opsies handel"
1
"Om vir 30 dae elke dag seks te hê, klink miskien vir die meeste sterflinge van die Adamsgeslag na ’n droom wat bewaarheid word, maar ’n mens moet mooi dink voordat jy jouself op onbekende terrein begewe. Hier volg die voor- en nadele van ’n 30 dae-seksuitdaging."
2
"Om 30 dae na mekaar seks te hê, is ’n wonderlike geleentheid vir ’n paartjie om saam ’n doelwit vir die slaapkamer te stel, mits hulle dit nie té ernstig opneem nie. INTIEM het interessante resultate met vorige 30-dae seksuitdagings gehad."
3
"“Daar is net soveel programme soos wat daar diëte is. Net soos kitsdiëte, werk kitsseks-idees nie eintlik nie. Waarom is almal altyd so behep met nommers? Die gemiddelde Sandton-paartjie (’n besige familie met kinders) het elke tiende dag seks. So as jy meer as drie keer ’n maand seks het, gaan dinge eintlik goed,” sê prof Elna Mcintosh, ’n seksuoloog."
4
"“Enige dieet werk as ’n mens daarby hou, maar sommige ‘diëte’ kan ’n mens nie volhou nie en dan gaan dinge gewoonlik erger daarna. Daar is min mense met seksprobleme wat by my deur aanklop. Seks is die simptoom, maar nie die ‘siekte’ nie,” sê sy."
5
"“Die lewe gebeur dikwels net met ’n paartjie en dit raak maklik om seks heel onder aan die prioriteitslysie te plaas. Die uitdaging kan só ’n paartjie weer bewus maak van mekaar en van die belangrikheid van intimiteit in ’n huwelik.”"
6
"Daar is soveel seksuitdagings as wat daar menings oor die onderwerp is. Dit klink miskien na ’n stelling wat al holrug gery is, maar kommunikasie is die sleutel tot sukses. Praat oor wat intimiteit vir jou as persoon beteken, en moenie aanneem dat alle mans en vrouens weens stereotipering oor dieselfde kam geskeer kan word nie."
7
"Alles van die beste met hierdie besluit Caroline. Ek dink jou oe gaan nog blinker wees, jou wange meer pienk en jy gaan so gesond voel dat jy moontlik vir altyd so sal wil eet. Hou my op hoogte van sake."
8
"In die Boere-Afrikanervolksraad se aansoek by die Hooggeregshof om die Regering te dwing om sy standpunt oor samesprekings in verband met selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk, te stel, het die Staatsprokureur, wat vir die Regering optree, versuim om sy beantwoordende verklaring teen die spertyd wat deur die hofreëls neergelê word, in te dien. Dié sperdatum het op 19 Junie verstryk."
9
"Die dag daarna het die Volksraad se regsverteenwoordiger 'n dringende faks (wat teruggedateer is na 18 Junie) van die Staatsprokureur ontvang waarin 'n maand uitstel vir die indiening daarvan versoek word. Verskeie redes word vir die versoek aangevoer waarvan slegs twee na die mening van die Volksraad gewig dra, te wete (1) die aanwysing ná die onlangse verkiesing van 'n nuwe minister vir die Dept van Jusitisie (voorheen Justisie en Konstitusionele Sake), wat hom eers op hoogte moet stel met die aangeleentheid; en (2) die noodsaaklikheid om die inhoud van die 8ste en finale verslag van die toenmalige Volkstaatraad, waarna in die Volksraad se funderende verklaring verwys word, te bestudeer."
10
"Die Staatsprokureur het die Volksraad se regsverteenwoordiger versoek om aan hom 'n kopie van dié verslag, wat blykbaar nie in die Staat se argiewe gevind kan word nie, te voorsien."
11
"Aangesien die hof waarskynlik die bogemelde redes as geldig sal beskou en die Staatsprokureur se versoek om uitstel sal kondoneer, het die Volksraad teësinnig ingestem dat uitstel verleen word tot 18 Julie 2014."
12
"Hierdie boek, geskryf vir die leek in 'n gebruikersvriendelike styl, wys hoe jy met jou eie oë of met 'n verkyker aktief aan sterrekunde..."
13
"Hy was sterk en moedig in sy siekbed, met ’n aftakelende kanker wat vanaf sy kolon vesprei het na sy longe, ribbes en brein. My pa se gesig was in die laaste maand aan die linkerkant verlam, maar hy het sy Wyn-van-die-Maand rooiwyn in kleiner botteltjies gegooi waarin hy ’n rooi strooitjie kon balanseer en sy pille een-een daarmee afsluk."
14
"My Pa het laasweek in die ou Volkshospitaal (Medi-Clinic) gesterf – rustig, met die vredige klanke van sy geliefdes om hom: sy vrou, kinders en kleinkinders. Ons weet nie hoe baie hy kon inneem of hoor – waarvan hy als bewus was – nie … maar dalk het die vrolike kindergeskal hom vlugtig teruggevoer na sy eie kinderdae (tussen sy oorle broers en susters); of dalk was hy vir ’n wyle weer ’n trotse, jong pa met die woelige klomp rondom hom."
15
"Ek is hartseer dat my Pa nie ’n langer tyd met sy kleinkinders – en hulle met hulle Oupa – kon beleef nie."
16
"Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting."
17
"'n Troue ontspoor en die volgende oggend probeer vriend en vyand uitpluis wat die vorige aand gebeur het."
18
"Toe ek so ’n paar jaar gelede begin gholf speel het, het ek nie vir een les gegaan nie. Hoe moeilik kan dit tog wees? Jy staan so met jou boude uit, jou rug reguit en swaai ’n stok. Na sowat ’n maand van frustrasie, gaan soek ek toe hulp. Die eerste paar lesse was bloot om alles wat ek verkeerd gedoen het uit te wys en reg te maak. Daarna kon die werk eers begin. As ek van die begin af vir lesse gegaan het, was my rekening soveel minder en my gholfstokke dalk nou nog in my besit. Dit geld ook vir motorfietsry. Dit maak nie saak hoe ’n talentvolle ryer jy dink jy is nie, daar is altyd ruimte vir verbetering."
19
"Een keer ’n maand bied Clinton Pienaar van SA Biking Academy ’n baandag met ’n verskil aan. Die groepie wat dit bywoon, word beperk tot 10 sodat elke ryer op een aspek van sy ry kan fokus. Elke sessie word afgeneem deur ’n fotograaf, sodat jy jou vordering oor die dag merkbaar kan sien. Daar is ook ’n instrukteur wat saamry en jou dophou. Clinton het al die Isle of Man TT gery, so moenie bekommerd wees dat jy dalk vir hom gaan wegry nie."
20
"Die dag skop af met ’n kenmekaarsessie, en elke ryer se doel vir die dag word op ’n bord neergeskryf. Die gedagte is nie dat jy hier is om 15 aspekte aan te spreek nie. Elke ryer moet één doel neerskryf. My doel was om my spoed in draaie te verbeter. ’n Ander ryer wou een sekonde vinniger om die baan gaan. Hoe minder ervare jy is, hoe groter is jou vordering. Ná die eerste paar rondes om die baan het ons na ons foto’s gekyk en almal was verbaas oor hulle tegniek, en hoe anders dit lyk, teenoor hoe dit vir jou voel. Met ’n instrukteur wat saam met jou om die baan ry, was die vordering vir my ongelooflik. Die res van die dag het bestaan uit ’n paar baansessies, gevolg deur ’n ontleding van jou sessie. Vir elke sessie het die instrukteurs jou aan een aspek van jou ry laat werk om jou teen die einde van die dag uit te kry by dit wat jy die oggend op die bord geskryf het."
21
"Met my heel eerste sessie het ek een ryer geïdentifiseer en probeer bybly. Ek kon nie. My spoed was hopeloos te laag. Teen die einde van die dag kon ek bybly, selfs al was die ryer op ’n baie groter fiets."
22
"Nog ’n aspek wat vanself reggekom het, was my reaksie in ’n noodsituasie. Waar ek voorheen die motorfiets wou regop tel en rem, het ek op die betrokke draai net nog meer ingeleuen en die greep vertrou. Op die Long Tom-pas sou dit die verskil gewees het tussen veilig om die draai, of ’n ongeluk. Op Red Star kan jy maar foute maak. Jy kan in niks vasry nie. Op die pad is dit nie so maklik nie."
23
"Ek kan nie so ’n dag hoog genoeg aanskryf nie. Elke ryer wat op ons paaie is, moet ten minste een van hierdie dae bywoon. Daar was selfs twee ryers wat hulle teerpad-ry wou kom opskerp op hulle groot avontuurfietse. Die koste sluit die baan, die instrukteur en ’n heerlike bord kos in. Jy kry ook na die tyd jou foto’s."
24
"As jy nie oor ’n motorfiets beskik nie, of jy is bietjie skrikkerig om met jou eie fiets ’n baan aan te durf, is daarvoor ook ’n oplossing. Ek het ’n Honda CBR 600-baanfiets vir die dag gebruik. Jason Wessels van Moto-rentals het goedgunstiglik een van sy huurfietse aan my beskikbaar gestel. As jy so ’n fiets"
25
"huur, voel jy net soos Rossi. Na elke sessie kom Jason self nader, help jou met die fiets en die fiets word deeglik nagegaan. Jy kan selfs ’n renpak by hom huur. Sy huurtarief sluit die fiets, brandstof en ondersteuning vir die hele dag in. Sy persoonlike bystand help ook dat jy net op jou ry kan konsentreer, en nie nog moet sukkel met ’n fiets nie."
26
"Kom slyp jou saag. Kom leer. Elke sekonde op die baan maak van jou ’n beter ryer, en elke stukkie wat jy leer, kan jy toepas in jou daaglikse pendel. Dit is ’n klein prys om te betaal vir jou eie veiligheid. Die volgende baandag is op 23 Julie 2018."
27
"Beantwoord al die vrae. As dit nodig is, raai wat die antwoord is. Merk die vraag en as jy klaar is met jou vraestel kom terug na daardie vrae wat jy gemerk het en kyk of jy nie die antwoord onthou nie."
28
"As jy nodig het om te raai, besluit eers watter jy dink is definitief verkeerd en maak dan ‘n keuse tussen die wat oorbly."
29
"Wanneer jy klaar is met jou vraestel, lees die antwoorde weer deur, jy kan dalk antwoorde onthou soos jy die vraestel skryf of daar is soms antwoorde in die vraestel self - wees dus wakker!"
30
"Wanneer jy woorde moet invul wat weggelaat is, kyk na die word voor die opening, dit mag jou ‘n leidraad gee ten opsigte van die antwoord wat gesoek word (soos ‘n, die, hulle, hy, sy, ens.)"
31
"Die amptelike lokprent vir die nuwe Koos Roets film, Hoener met die rooi skoene, is pas bekendgestel."
32
"Dit is nou n mooi lang verduideliking. Al wat jy in gedagte moet hou is om jou trokkie op sy pens deur die modder te sleep kan soms meer as die 4300kG nodig he en dus die snatch block... maar oor die algemeen sal dit nie eens naastenby nodig wees nie... Oja baie belangrik op so groot as moontelik ka..."
33
"Ek respekteer die mense om my. Ek is goed en ordentlik groot gemaak. Ek is maklik aanpasbaar. Geniet dit om mense om my te he. Die dame wat moontlik vir my 'n kans gaan gee sal op die hande gedra word. Ek sien my self as 'n ou met baie goeie maniere en selfrespek, asook netjies(bohalwe die skoenekas) hahaha, ek sien myself ook as romanties. Ek is nie skaam nie, maar ek is GLAD nie voor op die wa of uit-die-kassie uit nie."
34
"Rustig "free-spirit" tipe girl, intellegent, nie 'n couch-potato nie. Iemand saam met wie ek amper alles saam kan doen,.. Positiewe gesindheid oor haarself en die lewe. Liefdevol en opreg, wat nie iemand/iets anders probeer wees nie. Moet oor die weg kan kom met mense. 'n Musiek lover. En net iemand wat saam my kan lag oor dinge van die dag."
35
"Ek werk in verskillende mediums. Elke onderwerp vra 'n spesifieke medium. As ek egter tot 'n slotsom moet kom oor wat vir my die belangriste is, sal ek die tekenkuns uitsonder."
36
"Deur hierdie basiese riglyne toe te pas en altyd jou beste te lewer, sal jy ver kom. Kort voor lank sal die woord oor jou goeie diens versprei en sal jou kliëntebasis aansienlik groei."
37
"Strandfontein se A blok-woonwaplekke is gesluit tot verdere kennisgewing. Die publiek se veiligheid is vir die raad ’n prioriteit..."
38
"Die ernstige droogte in die Wes-Kaap het Matzikama-munisipaliteit verplig om ’n Droogteverligtingsfonds ter ondersteuning van die landbousektor, te stig...."
39
"Ek het Mariette by die Elardus Park tak ontmoet toe julle die ander kantore ingerig het en saam met haar getrek om die rede as jy iets gedoen wil he sy dit onmiddelik doen en afhandel en sy ‘n mens op hoogte hou van jou navrae en goeie raad gee oor die kontrakte en fone."
40
"Wendy Maartens woon in Table View – ’n klipgooi van die “groot blou dam”, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër jare dwaal. Sy is ’n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer. Sy skilder graag, doen graveerwerk op klip, maak tuin en toets haar kinderstories op haar ganskinders, Petunia en Lelieblom."
41
"Ecklon self het die eerste plantmuseum in Suid-Afrika gevestig met 325 plante wat hy in 1825 aan die museum geskenk het."
42
"Hy het vantevore die Eugène Maraisprys vir Die grammatika van liefhê, die Stalsprys vir geskiedeniswetenskappe vir Van Wyk Louw – ’n lewensverhaal, die Louis Hiemstraprys vir nie-fiksie Die honderd jaar van M.E.R., die C.J. Langenhovenprys vir taalwetenskap en die N.P. van Wyk Louwmedalje vir die volgehoue uitbouing van ’n vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe, ontvang."
43
"Die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikaans word volledig deur Steyn beskryf in sy boek Ons gaan ’n taal maak – Afrikaans sedert die Patriot-jare wat in 2014 deur Kraal-Uitgewers gepubliseer is. Antoinette Koster, bemarkingshoof van Kraal-Uitgewers, het gesê dit is gepas om Steyn se hoogstaande en volgehoue akademiese bydrae op dié wyse te vereer. Volgens Koster is daar niemand anders wat “meer geskik” is vir die toekenning nie."
44
"Sal nutteloos wees om Zuma te besoek. Hy plak in Nelspruit. Vroeer die week gaan kyk waar op MALA MALA hy vir hom ‘n tweede nkandla kan gaan bou net sodat ouens soos malema en die ondersoekbeamptes van die Openbare Beskermer verward kan raak oor waar hy hom bevind as hulle hom graag wil besoek…."
45
"Volgens Van Schalkwyk het daar ʼn man by die gebou opgedaag en daarop aangedring om die vroue se toilet te gebruik. Sy het aanvanklik geweier dat die man enige van die toilette gebruik maar het later voorgestel dat hy die manstoilet gebruik. Van Schalkwyk het die man weggewys nadat hy geweier het om die manstoilet te gebruik."
46
"Dis baie snaaks hoe Isaac Mangena se “dat geriewe slegs vir die gebruik van wit mense is” soos ek die berig verstaan is daar wel geriewe vir alle rasse hier genoem net ekleen sy eie een!"
47
"Ek wil nou glad nie puntenerig wees nie, mar kyk bietjie mooi na die verdeling. Nêrens word daar voorsiening gemaak vir wit mans, buiten die bestuurder nie. Dis darem erg, komende van ‘n wit man af…(As jy nie die humor hier sien nie, besoek asb jou naaste toilet..jy gaan dit nodig kry)."
48
"Na wat voel soos ‘n ewigheid, kom die Super Rugby tot ‘n einde. Suid-Afrika se spanne het nie die beste …………."
49
"Ek wil baie baie dankie sê vir die heerlike warm slaap en welkom laat voel by Kambro. Ons waardeer julle mooi huisie waarin ons kon oornag, die lekker plaasbrood en die hout wat jul verskaf het. Jul gasvryheid word baie waardeer. Die lekker warm beddegoed was vir my wonderlik!!! Dankie dat ons ons vakansie op ‘n hoogtepunt kon afsluit. Ons sal beslis weer ‘n oornag by julle maak."
50
"Ons verwagting is ver oortref in alle opsigte. Aangename en baie professionele mense in alle opsigte. Ons is baie goed ontvang en het 'n pragtige, skoon en goed toegeruste huisie gehad (Asbos). Kambro het ons die oggend al gebel om te hoor of hulle vir ons aandete moet regmaak. Ons het die lamskerrie opsie gekies en het dit baie geniet (afgelewer in ons huisie). Ons kon ons motor onderdak parkeer teenaan die huisie. Lekker stywe matrasse en genoeg nuwe beddegoed. Heerlik geslaap na die lang rit. Ons sal Kambro weer gebruik in die toekoms."
51
"Nogmaals baie dankie vir jul gasvryheid. Ek het die tydjie daar by julle baie geniet. Die kos was heerlik! Die rit na die Boesman tekeninge en artifakte was 'n hoogtepunt. Baie dankie daarvoor. Hoop om eendag weer daar by julle 'n draai te maak."
52
"Ek wil net dankie sê vir die lekker verblyf ervaring verlede week daar by julle. Ons het dit dit baie geniet en sal beslis mense aanbeveel om ook daar oor te bly. Die plaasbrood is 'n bonus."
53
"Die alternatief is te aaklig om aan te dink – nie slegs vir die meeste boere en werkers nie, maar vir almal van ons as die Suid-Afrikaanse nasie wat drie maaltye per dag as vanselfsprekend aanvaar."
54
"vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is."
55
"Klagtes van “inwoners” dat hul sedert 2004 wag vir laekoste behuising word aangevoer vir die besetting. Wetstoepassers hou slegs die situasie dop sonder om skynbaar iets aan die onwettige besetting te doen."
56
"Wow...ek staan in absolute verwondering. Dankie dat julle elke oomblik so perfek vasgevang het en al ons verwagtinge oortref het. Ek weet nou hoe spyt ek sou wees as ons nie so 'n video kon hê nie."
57
"Was die fladderende kaartjie blote toeval? Ek weet nie, maar wat vas staan, is dat ek later die middag van 13 Julie 2014 'n radioberig gehoor het dat Nadine Gordimer vroeër die dag in haar slaap oorlede is."
58
"In 1988 in Athene het ons deelgeneem aan 'n konferensie waarin die Verenigde Nasies sy streng kultuurboikot-resolusies aangepas het. Die Griekse Kuituurministerie het ons onder meer vergas op 'n teateropvoering waarvoor ons op 'n uurlange busrit deur nou straatjies afgevoer is. In die koelerige September aandlug het ons met ons vlugfloulywe na 'n drie uur lange tragedie in klassieke Grieks gaan kyk. Nadine het vir ons almal gepraat toe sy te midde van dié kulturele marteling gesê het: "I like Sophocles but this is Greek to me"."
59
"Haar persoonlike en skrywerslewe het die stempel gedra van 'n meelewende mens wat deur die loop van 'n lang lewe haar rug op haar sosiale plek en klas gedraai het en aansluiting by die uitgeslotenes gevind het. Teenoor haar vriende was sy lojaal."
60
"Sinethemba Joya (29), ’n pasiënt van Kaapstad wat in die hospitaal opgeneem is met twee gebreekte bene ná ’n taxi-ongeluk, het onlangs haar misnoeë oor dié reëling op sosiale media uitgespreek."
61
"9 Julie 2017 Heb 11:7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy […]"
62
"Woman of Peace Hierdie kursus word nie tans aangebied nie. Hierdie verrykende kursus word aangebied vir alle vroue wat begeer dat hulle vrede nie meer sal afhang van hulle omstandighede […]"
63
"Ons jaar het met ’n uitdaging begin. Ons het baie dinge nodig gehad vir die span se huis. Op ’n stadium kyk ons na ’n preek van Robert Morris van The Blessed Life toe hy sê: Verwag jy dat God jou gaan help of verwag jy dat iemand vir jou gaan geld gee?"
64
"Ek het besef ek sit heeltyd en wag dat iemand vir my gaan geld gee. Wie is die regte persoon om mee te praat? Vir wie moet ek ’n voorlegging doen? Waarheen moet ek gaan? Ek besef toe dat ek verwag mense moet my help en ek sien nie regtig God as my Voorsiener nie! Ek probeer dit self uitsorteer!"
65
"Dit was ongelooflik hoe vinnig dinge toe gebeur het. Ons het vir niemand gevra nie, maar ewe skielik net goed gekry. Mense het net nog en nog en nog gebring. Ons span se hele huis is gemeubileerd, nuwe beddegoed, nuwe stofsuier en ’n wasmajien wat ek gesê het is ’n luukse item, so ons hoef dit nie te hê nie. Ons het ’n veiligheidshek gekry, wat verniet kom opsit is ook. Iemand het ons sleepwa vir ons kom regmaak. Dit het eintlik net ’n nuwe prop nodig gehad maar die man het ’n klomp ander goed ook vir ons verniet reggemaak en dit ook mooi geverf."
66
"Mnr Gerhardt Viljoen het op 24 Januarie 2014 by ons op die terrein kom bly, aanvanklik net vir ‘n week, hy en sy klein hondjie van 6 weke oud.Sy woorde aan my was dat hy rus en vrede kom soek na ‘n familiekrisis. Deur die loop van sy verblyf het ons aan die gesels geraak en was hy baie geïntereseerd in die doel en late op die terrein asook waarvoor VCSV / UCSA staan.Na ‘n kerkdiens en doopplegtigheid op 26 Januarie 2014 in die Kapel gelei deur Ds Wikus Lambrechts van die NG Kerk op Lutzville, sy skrifgedeelte was Prediker 2 vanaf 17, wat Mnr Viljoen ook bygewoon het, het hy my deur die loop van die week kom besoek en ons het gesels oor my drome wat ek nog vir die terrein het. Op Donderdag 30 Januarie het Gerhard vir my brosjures gewys en gevra dat ek ‘n stoel moet kies asook die kleur. Dit het my onverwags betrap en ek kon nie my ore glo toe hy my meedeel dat hy 100 stoele aan die terrein sal skenk nie."
67
"Is daar ‘n bekommernis wat aan jou knaag en maak dat jy jou naels kou? Lees hier wat die Bybel beveel."
68
"Is Melanchthon dalk vir jou onbekend? Jy kan hier lees oor die groot rol wat hy in die Reformasie gespeel het."
69
"God het reeds die goeie werke voorberei wat Hy wil hê jy hierdie jaar vir Hom moet doen. Is jy ontvanklik daarvoor?"
70
"Wonder jy ooit wie jy nou eintlik is? Die ontdekking van jouself begin in Christus. Om te weet waar jou oorsprong is, is om te weet wie jy is. Jy is ‘n skepsel, en jy is deur die Skepper gemaak."
71
"Eens op 'n tyd sou jy nog gereeld die stoomtrein sien stilhou op Hendriksdalstasie naby Sabie. Vandag is al bewyse hiervan toegegroeide treinspore en 'n kaartjiekantoor wat in 'n gastehuis omskep is."
72
"Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot ’n groot swartbord vir ’n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee."
73
"Jy is wat jy dink – nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is."
74
"Die publiek kan soos oudergewoonte kies wie in elke kategorie met ’n gesogte Tempo-beeldjie wegstap."
75
"Deur te stem staan jy ’n kans om groot pryse los te slaan, wat onder meer ’n spoggerige vakansie of twee insluit."
76
"Die relevansie van die huwelik is vandag vanwee die tyd wat ons in leef onder groot bedreiging A5 152bl"
77
"Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van 'n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie."
78
"Die lewe is 'n lied ... totdat Kara onverwags voor 'n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat - of wie - gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?"
79
"Kruispad vir Kara is 'n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee."
80
"Hiermee bedank ek die admin vir die inligting op hulle FB blad oor tye en nommers van die verskillen..............."
81
""AllesMotors" is die eerste webwerf in Afrikaans. Dit is in die goeie jaar 2000 deur veteraan motorjoernalis Ben van Rensburg begin. Met sy aftrede in 2006 is dit deur Gerrie Smit, ook 'n motorjoernalis sedert 1982, oorgeneem."
82
"Met die boulwerk-peutery van Sri Lanka gaan die leërskare in gaan in ‘n wolk van kontroversie in die reeks. Die kaptein, Dinesh Chandimal, sal waarskynlik nie ‘n rol speel in die reeks nadat hy erken het dat die ICC se gedragskode tydens die getekende toets wel plaas gevind het teen die Wes-Indiese Eilande verlede maand."
83
"Die kaptein, Faf du Plessis, kan egter minder op sy vinnige mans en meer op sy spinners gebruik maak, aangesien die omstandighede in Galle net die stadiger mans pas."
84
"Die Everglades was nog altyd op my lysie van plekke om te besoek in die VSA, en die park het ons nie teleur gestel nie. Die enigste nadeel van die park is die muskiete wat sonder ophou lastig is, maar nou ja, dis nou maar deel van die paket. Die Everglades is 'n geweldige groot Park in die Suid Weste van Florida, en mens moet eintlik een van daardie wind-propeller plat-bodem bote he om 'n groot deel van die park te verken. Maar ongelukkig is hierdie boot-ritte 'n groot aantreking vir toeriste en die pryse nie in ons begroting nie. Ons het wel baie gesien van die pad se kant af. 'n Groot deel van die park bestaan uit grasland wat in stadig-lopende water groei. Daar is 'n paar 'eilande' in die moeras-agtige terein wat bekend staan as 'Hamock's, met regte oerwoud agtige plante wat daar groei. Die Everglades is ook die enigste area in die wereld waar die Krokedil en 'Aligator' tesame voorkom. Die Aligator lyk baie soos die krokedil, maar sy bek is meer plat en dit wil voorkom of hulle nie so agresief is soos ons krokidille in Suid Afrika nie, want mens kan nogals naby hulle kom. Aan die Noordekant van die park loop 'n pad wat heet "Aligator Alley", en eg aan sy naam het ons honderde 'aligators' in die kanaal langs die pad gesien. Meeste was aan die klein kant (1-2m), maar daar was paar menere van 4m en langer ook."
85
"Dis een ding wat ons geleer het van die CMA hier in die VSA, die mense se harte is van goud en hul gesindheid baie nederig. Ons in Suid Afrika kan baie leer van hulle. . . . . . .Van Baton Rouge (Louisiana) af het ons maar op die groot Interstate gery, want die weer was net te koud om te 'explore', en daar was erge storms op pad na daardie area. Nog 'n ding wat ons geleer het hier in die VSA, is dat hulle storms van 'n ander klas is as wat ons ken. Hulle storms verniel alles wat in die pad kom, en die reen is harder as wat ek al ooit in my lewe ervaar het, dit laat die Kaapse winterreen na 'n 'drizzle' lyk. So 4 dae na ons weg is uit Louisiana, was daar Tornados deur die gebied wat ons gery het wat geboue vernietig het, 'n ander lewe die."
86
"Ons is nie noodwendig teen dagga nie. Blykbaar kan dit vir pyn aangewend word en in plaas daarvan om te huil, lag mens die hele tyd vir cartoons op televisie en drink baie water. Wat wel bietjie onder die kraag krap is optrede van die gereelde daggaroker."
87
"Persoonlik is ek bly dat ek nie mofgerook moes wees voor ek dit agtergekom het nie. En dat ek nie met sulke halfmas oë en ‘n moerse paplip-glimlag by paarties sit terwyl die wêreld verbydraf nie."
88
"John Clare (* 13 Julie 1793, † 20 Mei 1864) was 'n Engelse digter en seun van 'n plaaswerker wat bekendheid verwerf het met sy lofdigte aan die natuur van die Engelse platteland en die versteuring wat daaraan gedurende die nywerheidsomwenteling gedoen is. Sy digkuns is in die laat 20ste eeu herwaardeer sodat Clare tans dikwels as een van die belangrikste 19de eeuse digters beskou word - en as een van min Engelse digters wat op die landelike lewe gefokus het."
89
"Clare het ná sy skooltyd in Glinton en 'n kort loopbaan as plaaswerker werk as kroegbediende in die Blue Bell-drinkplek gevind waar hy op 'n jong dame, Mary Joyce, verlief geraak het. Haar pa, 'n welgestelde boer, het hulle verhouding egter verbied. Clare was vervolgens vanaf 1807 as tuinier by die Burghley House-herewoning werksaam, het in 1812 by die Nottinghamshire-burgermag aangesluit, 'n tyd lank in 'n Roma-kamp gebly en in 1817 in Great Casterton en Pickworth in Rutland as kalkbrander gewerk. Hier het hy kennis gemaak met sy latere vrou, Martha "Patty" Turner. Maar in die volgende jaar was hy op die armesorg van sy parogie aangewese."
90
"Reeds in die ouderdom van elf het John Clare met digkuns in aanraking gekom nadat sy oom vir hom 'n uitgawe van Pomfret se gedigte geskenk het. Danksy dié werk, wat deur sy pa voorgelees is, het hy 'n liefde vir poësie ontwikkel. Later het Clare 'n uitgawe van die Skotse digter James Thomson (1700-1748) se gedigbundel The Seasons gelees en uiteindelik gekoop. Die bundel het Clare gemotiveer om sy eie gedigte en sonnette te skryf, en so het in 1806 The Morning Walk ontstaan."
91
"In 1823 het Clare weer in finansiële moeilikhede beland. Werke soos The Shepherd's Calendar, wat in 1827 gepubliseer en deur die digter self bemark is, het minder aandag by die leserspubliek ontvang. Clare het weer as plaaswerker begin werk, maar kort daarna ernstig siek geword. Graaf FitzWilliam het 'n nuwe plaashuis en 'n stuk grond aan die gesin geskenk wat Clare vanweë sy swak gesondheidstoestand egter nie kon bewerk nie."
92
"Clare het al lank in 'n spanningsveld tussen twee wêrelde verkeer - literêre Londen en sy dikwels ongeletterde bure, sy kreatiewe drang om gedigte te skryf en die noodsaaklikheid van 'n gereelde inkomste waarmee hy in die behoeftes van sy gesin kon voorsien. Hy was nie net liggaamlik siek nie, maar het ook in 'n diep depressie verval wat erger geword het ná die geboorte van sy sesde kind in 1830, terwyl sy digbundels maar swak verkoop het. In 1832 het Clare se vriende en Londense beskermhere saamgespan om die Clare-gesin in 'n nuwe en groter plaashuis op 'n kleinhoewe in Northborough, 'n dorp naby Helpston, te vestig. Clare het egter steeds meer vervreemd geraak."
93
"'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug."
94
"Die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 'n swartgeverfde skoorsteen. In daglig verhit die sonenergie die skoorsteen wat die lug daarbinne verhit en 'n opwaartse stroom lug daarin bewerkstellig. Die suigkrag wat deur die lugstroom by die skoorsteen se basis veroorsaak word kan gebruik word om ventilasie en verkoeling van die gebou daaronder te bewerkstellig. In die meeste wêrelddele is dit gewoonlik makliker om windkrag vir sulke ventilasie doeleindes te benut, maar nie op warm windlose dae wanneer so 'n toring ventilasie kan verskaf waar daar andersins geen ventilasie sou wees."
95
"Hierdie beginsel is al voorgestel vir die opwekking van elektriese krag, wat 'n groot kweekhuis by die basis gebruik eerder as om op die verhitting van die skoorsteen self staat te maak."
96
"In 1903 het 'n Spaanse Kolonel Isidoro Cabanyes die eerste sonskoorsteen in die tydskrif "La energia eléctrica" [1] beskryf. Een van die vroegste beskrywings van 'n sonskoorsteen kragstasie is in 1931 deur die Duitse skrywer, Hanns Günther gedoen. Vroeg in 1975 het Robert E. Lucier aansoek om patente gedoen vir 'n sonskoorsteen toestel; hierdie patente wat sedertdien al verstryk het is tussen 1978 en 1981 toegestaan in die VSA[2], Kanada[3], Australiëē[4] en Israel[5]. Schlaich, Bergerman en Partner het meer onlangs onder leiding van die Duitse Ingenieur Prof. Dr. Ing. Jörg Schlaich 'n kleinskaalse werkende model van 'n sonskoorsteen in 1982 in Manzanares in Spanje, sowat 150 km suid van Madrid met bevondsing van die Duitse regering gebou. Hierdie kragstasie is vir 8 jaar lank suksesvol bedryf en is in 1989 uit bedryf gestel. Die skoorsteen het 'n deursnee van 10 meter gehad met 'n hoogte van 195 meter, met 'n kweekhuis van 46 000 m2 (deursnee van 244 m) gehad en 'n maksimum kraguitset van 50 kW gehad."
97
"Daar word tans studies gedoen by 'n ligging in Nieu-Suid-Wallis, Australië, waar beoog word om 'n werkende Sonskoorsteen kragstasie teen 2008 voltooi te hê. Die maksimum kraguitset van die voorgestelde projek kan so hoog as 200 MW wees."
98
"Die plaasseun Buks gaan woon by sy oupa en ouma nadat hy sy ouers verloor het. Hy is nie gelukkig daar nie en loop weg na die plaas, waar die werkers . A..."
99
"Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gehalte van goedere of dienste wat geadverteer word nie. Landbou.com is slegs ’n middel om kopers en verkopers met mekaar in aanraking te bring. Ons is nie verantwoordelik vir enige nagevolge wat spruit uit transaksies wat deur middel van advertensies plaasvind nie."
End of preview (truncated to 100 rows)